text
stringlengths
237
519k
url
stringlengths
15
2.07k
Eerskomende Dinsdag word Bob Dylan se nuwe album, Tempest, uitgereik. Rolling Stone-tydskrif het dit reeds gesalf as ’n top-poging: vyf sterre, die hoogste wat hulle gee. “Dit herinner ’n mens aan die feit dat Bob Dylan nou, onder sy tydgenote, feitlik alleen staan,” skryf Will Hermes, die resensent. Die album, sê hy, is “verbluffend”. Hier is solank die amptelike video vir een van die snitte, “Duquesne Whistle”: Ek het onlangs op die langpad gesit en radio luister. Daar kom altyd ’n punt dat dit nie meer snaaks is om dieselfde CD’s weer ’n keer te hoor nie. Dit is ’n vreemde ervaring, met 5FM en ’n magdom ander stasies wat nie een iets speel wat van só ’n aard is dat jy die search-knoppie dadelik slaan nie. Hierdie irritasie het my laat terugdink aan die een radioprogram waarna ek soos klokslag ’n uur lank elke week geluister het, naamlik Malcolm Gooding se Going Gooding op die ou Radio South Africa, daar vroeg in die sewentigs. Saterdagaande tussen die 11-uur nuus en middernag. My groot vreugdes in die lewe was indertyd Pink Floyd, Bob Dylan, Roy Harper, Captain Beefheart, Dory Previn en Traffic. Wat Gooding gedoen het, was om deure oop te maak na musiek wat niemand daardie jare op die radio sou speel nie. Musiek wat nie die ou Radio 5 se speellyste sou haal nie, en té modern was vir die SABC/SAUK se ander dienste. Onthou, dit was voor Chris Prior se dae. Ek onthou goed hoe ek en my vriend Steve Zietsman een aand na die Firgrove-inry-bioskoop is sodat ons Going Gooding kon luister terwyl ons na die Valachi Papers kyk. ’n Bottel port het die gaping tussen klank en beeld help oorbrug. Gooding, wat sonder ’n sweem van ironie beskryf kan word met daardie pragtige Leonard Cohen-woorde “ … was born with the gift of a golden voice”, het skynbaar self besluit wat hy speel. Van sommige van die liedjies het hy só baie gehou dat hy hulle elke week gespeel het. Dit het nie regtig saak gemaak nie. Só ’n sterk indruk het hulle gemaak dat ek nou nog gereeld daarna luister. Daarom, vir diegene met goeie geheues, maak ek vandag ’n aftellysie van Malcolm Gooding se grootste geskenke aan ons. Rick Wakeman – The Six Wives of Henry VIII Wakeman het voor 1973, toe hierdie album uitgereik is, reeds vir die Strawbs en Yes gespeel – trouens, hy het dit gekomponeer terwyl hy saam met Yes op ’n konsertreis was. Die album het gewemel van instrumente wat vandag alledaags en selfs verouderd is, maar destyds baanbrekend was: die Minimoog-sintetiseerder en Mellotron. Asook klavier, orrel en klawesimbel, uiteraard, plus kore en simfonie-orkeste. Lede van sowel Strawbs as Yes het hom verder bygestaan: Bill Bruford, Dave Cousins, Steve Howe, Dave Lambert, Chris Squire en Alan White. Die snit wat Gooding die meeste gespeel het, was “Catherine Howard”: Shawn Phillips – Second Contribution ’n Sanger-komponis van Fort Worth, Texas, was in die laat sestigs en vroeë sewentigs ’n baie invloedryke, eksotiese figuur op die musiektoneel. Groot name van dié tyd (Eric Clapton, Paul Buckmaster, Donovan, Steve Winwood en Bernie Taupin) het hom gehelp met sy albums, en die eklektiese aard van sy musiek het gesorg dat mens jou luister moes ken daarvoor. Malcolm Gooding het veral een snit van hierdie 1970-album met graagte gespeel – “The Ballad of Casey Deiss”. Ek plaas twee videogrepe hier onder: eers die snit soos dit op die album geklink het, en een wat opgeneem is by die Bass Line in Suid-Afrika. Phillips het in 2011 ophou musiek maak en hom in Port Elizabeth gevestig. England Dan & John Ford Coley – Fables Dan Seals en John Edward Coley het onder hul alias ’n loopbaan gehad wat van 1971 tot 1996 geduur het. Hulle was veral gewild in Japan, maar het darem ses top 40-treffers in die VSA gehad ook. Die bekendste daarvan was “I’d really love to see you tonight”. Maar in 1972 was hulle nog aan die begin van hul loopbaan, en Malcolm Gooding het gesorg dat Suid-Afrika een van die lande was waar Fables skitterende verkope had. Die eerste snit daarop was “Simone”, en ek sal verbaas wees as daar ’n enkele program was waarop Gooding dit nie gespeel het nie. Loggins & Messina – Sittin’ In Jim Messina, voorheen van Buffalo Springfield en Poco, was al besig om ’n eerbare lewe te lei as produksieleier vir Columbia Records toe hy die jong sanger-komponis Keny Loggins ontmoet. Hulle het ses albums saam gemaak – hoofsaaklik ligte folk-rock. Die eerste daarvan, Sittin’ In (1971), was die een waarop Gooding smories was, en hy het veral twee snitte met groot vrug gespeel. Dikwels ná mekaar: “Danny’s Song” en “The House at Pooh Corner”. Laasgenoemde bly een van my groot gunstelinge. Cat Stevens – Teaser and the Firecat Gooding het geweldig baie snitte van hierdie album, asook Tea for the Tillerman, gespeel. Oor Stevens het ek reeds enkele maande gelede in “Naklanke” geskryf. Die snit is dus my eie keuse, en ek is seker Gooding sal saamstem: “Moonshadow”.
http://www.litnet.co.za/Article/jeugdige-onskuld
Bejaarde egpaar in motorhuis op plaas vermoor 2013-01-15 13:43 Parys – Nóg 'n bejaarde egpaar het slagoffers geword van 'n plaasmoord in die Vrystaat. OFM berig 'n man en vrou, albei in hul sewentigs, se lyke is Dinsdagoggend in 'n tuiswinkel wat uit hul motorhuis bedryf is, op hul plaas buite Parys gevind. Thandi Mbambo, ‘n polisiewoordvoerder, sê die egpaar se huishulp het kort voor 08:00 op die gru-toneel afgekom. Mbambo sê items is uit die huis gesteel. Volksblad het intussen die paartjie geïdentifiseer as Ernst en Annetjie van Rooyen, albei in hul 70's. Annetjie se lyk is glo in die kisvrieskas van die plaas-snoepwinkel gevind, terwyl Ernst se lyk op die vloer van die snoepwinkel gekry is. Geen verdagtes is tot dusver in hegtenis geneem nie. Volg Nuus24 op Twitter
http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/Bejaarde-egpaar-in-motorhuis-op-plaas-vermoor-20130115
Amstel (rivier) |Amstel| |Oorsprong||Aarkanaal (Suid-Holland)| |Monding||IJ, Amsterdam (Noord-Holland)| |Gebied waardeur dit vloei||Suid- en Noord-Holland, Nederland| |Lengte||31 km (19 myl)| |Monding-hoogte||0 m| Geskiedenis [wysig] Die plaaslike bevolking het veen vanaf die rivier ontgin: die afgesteekte grond is tot turf verwerk en as brandstof gebruik. Die veenwerkersgehug Amstelveen het waarskynlik in die veengebied ten weste van Ouderkerk in ongeveer die begin van die dertiende eeu so ontstaan. Deur die aanleg van 'n dam in die monding van die rivier ontwikkel daar in die noordelike deel van Nieuwer-Amstel die vissersdorpje "Amstelredam", wat in ongeveer 1300 stadsregte verwerf. Die gehug groei tot die stadjie Amsteldam, wat as gevolg van die ligging daarvan aan die Zuiderzee algaande belangriker word. Oorspronklik mond die rivier uit in die IJ, nou eindig die Amstel in die binnestad van Amsterdam (Rokin). Die laaste stuk van die straat langs die Amstel in Amsterdam heet ook Amstel. deur duikers onder die gedempte deel van die Rokin en die Dam stroom van die water nog steeds deur die Damrak in die IJ in, hoewel die meeste deur die Amsterdamse gragte omgelei word. Loop van die rivier [wysig] Die oorspronklike Amstel se oorsprong was by die saamvloei van die Drecht en die Kromme Mijdrecht, effens suid van Uithoorn. Deur kanalisasie en aanleg van die Amstel-Drechtkanaal is hierdie oorspronklike loop minder duidelik waarneembaar. 'n Deel van wat oorspronklik die Amstel genoem is, is nou eintlik 'n onderdeel van die Amstel-Drechtkanaal. Die kanaal begin by die samekoms van die Drecht en die Aarkanaal, effens noordwes van Nieuwveen, en loop tot aan Ouderkerk aan de Amstel waar die Bullewijk daarin uitmond. Daarvandaan heet die water amptelik nog steeds Amstel. Die deel van die Aarkanaal tot die Bullewijk is 18,5 km lank, vanaf daar tot die monding meet die water 12,5 km. Die Amstel in die kunste [wysig] Enkele skilders wat die Amstel in kunswerke afegebeeld het sluit in:
http://af.wikipedia.org/wiki/Amstel_(rivier)
Zuma wil morele waardes van die land herstel 2012-12-28 08:52 Johannesburg – Pres. Jacob Zuma het gevra dat 'n nasionale reinigingseremonie gehou moet word om die morele waardes van die land te herstel, berig die SABC. Zuma het gesê die ritueel sal van belang wees in die lig van voorvalle soos die Marikana-tragedie, die verkragting van bejaarde vroue en politieke sluipmoorde. Die president het verder gesê mense wat nie gereinig word nie, koester wrokke. Volgens die berig sal Zuma emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu vra om te help om die reinigingseremonie te lei. – Volg Nuus24 op Twitter - SAPA
http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/Zuma-wil-morele-waardes-van-die-land-herstel-20121228
Great Yarmouth in Wikipedia, die vrye ensiklopedie |Great Yarmouth| |Koördinate: Koördinate:| |Staat||Verenigde Koninkryk| |Land||Engeland| |Graafskap||Norfolk| |Bevolking| |- Stad||58 032| Great Yarmouth (afgekort Yarmouth) is 'n kusdorp in die Engelse graafskap Norfolk met sowat 58 duisend inwoners. Die dorp is, naas die hoofdorp Norwich, die grootste nedersetting in die graafskap en is padlangs ongeveer 32 km vanaf Norwich geleë.
http://af.wikipedia.org/wiki/Great_Yarmouth
’n Vertoonwedstryd is iets wat mens darem moet geniet of hoe? Dis presies wat die Deense tennispoppie Caroline Wozniacki laas week in ’n vertoonwedstryd in die Gilette Federer-reeks teen Maria Sharapova gedoen het. Wozniacki was sterk op pad om ’n pak slae te kry toe sy ’n handdoek in haar toppie en ’n ander een by haar broekie ingedruk het net om snaaks te wees. Sy het vir een punt met dié boobies en boude gespeel en verskriklik hard gemoan elke keer as sy die bal geslaan het. Later op ’n mediakonferensie het sy gesê sy het haar goeie vriendin en mede-tennisspeler, Serene Williams, nageaap. Volledige storie in die koerant en die pdf-weergawe.
http://sondag.co.za/caroline-met-boobies/
Moerse dankie aan Ingrid Swart wat vir ons al die next level foto's gaan neem het die naweek. StempaalLoading ... Kom-petisies Dinge om te doenInligting met trots verskaf deur: Kief Tunes WatkykjyTubes - Die week se top 10 Afdelings WKJ op jou Garmin Ouer Koeie - Onlangs op WKJ - Phuket, maar Thailand is kaklekker! (deel V) - Life on The Road – Learn Guitar with David Brent - Laasweek se zefspotters - Sondag. Skêre met skietgoed. - Dis naweek, kom ons fokken duik! - Score tickets na Park Acoustics se derde birthday! - Totally verskillende predictions vir die naweek se SuperBru - Mission Metallica: Accomplished. Interwebsradio.com WKJ SuperBru team - Watkykertjies Tune - HOT LIPS on Hoe om te naai… week#1 van 4 - einafok! on Life on The Road – Learn Guitar with David Brent - Alibaba on ‘I’ve always got a yell in my pocket’ – Wat Kyk Jy? interviews Metallica’s James Hetfield. - Bokbal se Oupa on Laasweek se zefspotters - Belhamel on Bittereinder – Kwaad Naas feat. Shane Durrant - kleinattie on Dis naweek, kom ons fokken duik! - -
http://www.watkykjy.co.za/2012/08/oppikoppi-sweet-thing-19-fotos-en-een-marabs/
Veiliger glase vir Britse kroeë ontwerp 2010-02-04 19:01 Kaapstad – Veiliger glase word stelselmatig in Britse kroeë bekendgestel om die hoeveelheid beserings wat jaarliks deur glas-aanvalle veroorsaak word (sowat 87 000), hok te slaan. Die twee prototipes wat tans getoets word, is ontwerp om nie in skerp stukke op te breek nie. Volgens Sky News kos geweldadige insidente met gebreekte glase en bottels die Britse Nasionale Gesondheidsdiens, -polisie en -howe sowat £100 miljoen pond (R1,2 miljard). Vorige veldtogte wat tradisionele bierglase met plastiekglase wou vervang, was onsuksesvol. Lees meer by Sky News
http://afrikaans.news24.com/Sci-tech/Nuus/Veiliger-glase-vir-Britse-kroee-ontwerp-20100204
J.M.W. Turner J.M.W. Turner (Londen, 1775 - 1851) was 'n skilder en het veral olieverf gebruik vir sy skilderkuns. Hy is egter ook bekend as een van Engeland se mees vooraanstaande landskapskilders in waterverfskilderkuns. Sy pa was 'n haarkapper en het pruike gemaak. Op 15 het hy aangesluit by die "Royal Academy Schools". In 1799 het hy die Norhamkasteel geskilder wat die eerste uitbeelding was wat sy kunssinnigheid bloot gelê het. In 1802 besoek Turner Parys en Switserland vir die eerste keer. In 1819 besoek hy vir die eerste keer Venesië waar hy van sy mees oorspronklike uitbeeldings maak. Na 1830 het sy werk meer abstrak begin raak. In sy later jare het hy homself ingekluister totdat hy in 1851 tot sterwe gekom het.
http://af.wikipedia.org/wiki/J.M.W._Turner
Terreur Terreur word meestal as negatief en verwerplik gesien, maar dit is nie altyd objektief nie. Dit is moontlik dat die een se terroris die ander se vryheidsvegter kan wees. Byvoorbeeld, die verset teen die Duitse besetting in Nederland in die jare 1940-'45 is deur die besetters as "terroriste" bestempel.
http://af.wikipedia.org/wiki/Terreur
27 Februarie 2009 Die drie Afrikaanse kerke naamlik die Gereformeerde Kerke in Suider-Afrika, die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika en die Nederduitse Gereformeerde Kerk beskou dit as hulle profetiese roeping om etiese kwessies in die Suid-Afrikaanse samelewing aan te spreek. Die kerke wil, met die oog op die komende verkiesing, op sekere uitgangspunte wys.
http://www.kerkweb.org/taxonomy/term/104
Blou Bul-spelers vir vuilspel uitgewys 2012-10-22 15:55 Kaapstad – Die Blou Bul-spelers Morné Steyn en Morné Mellett is vir beweerde vuilspel uitgewys tydens Saterdag se Curriebeker-halfeindstryd teen die Haaie in Durban. Albei spelers sal Dinsdagmiddag voor die tugbeampte Louis Booyse in Pretoria verskyn. Mellett is in die 29ste minuut uitgewys nadat hy die Haaie se losskakel, Patric Lambie, na bewering gepooitjie het. En Steyn is vir vuilspel uitgewys nadat hy 'n opponent glo met 'n stywe arm geloop het. Afskoptyd vir Saterdag se Curriebeker-eindstryd in Durban is om 17:00. Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter. – Sport24
http://afrikaans.news24.com/Sport/Rugby/Blou-Bul-spelers-vir-vuilspel-uitgewys-20121022
Stewart terug vir Snow White-opvolg 2012-11-20 13:59 Los Angeles – Die aktrise Kristen Stewart sal in die opvolgfilm van Snow White and the Huntsman te sien wees, maar die regisseur Rupert Sanders sal nie terugkeer nie. Stewart het 'n kontrak geteken om haar rol in die film te behou, maar Sanders sal ná sy buite-egtelike verhouding met Stewart, nie deel wees van die projek nie. Sanders is nou gefokus om sy huwelik met Liberty Ross – wat die rol van Stewart se ma in die film vertolk – te red. "Die teks is reeds geskryf en die vervaardiging sal laat volgende jaar begin," het 'n bron aan RadarOnline gesê. – Lees meer hier – Volg Nuus24 op Twitter
http://afrikaans.news24.com/Vermaak/Nuus/Stewart-terug-vir-Snow-White-opvolg-20121120
Nog n klompie miljard geblaas Kommentaar (0) 24/10/12 · Redaksie Berigte stroom in van miljarde (nie miljoene nie) rand wat op bedenklike wyse uit die staatskas “gespandeer” word. Eerstens by die Dept. van Visserye word met konsessies ’n bedrag van sowat R2 miljard bloot vermis. Ondersoek is aan die gang om die hoe en die wie hieromtrent te probeer vasstel. Tweedens, word berig dat 34 nasionale staatsdepartemente in die boekjaar 2011/12 ’n totale bedrag van R4,67 miljard bestee het aan vermaak, spyseniering en reis- en verblyf, soos volg: R194 miljoen vir spyseniering, R31,7 miljoen vir vermaak en R4,4 miljard vir reis- en verblyftoelaes. Derdens, word berig dat die aanstelling van vyf administrateurs by hoëronderwysinstellings om wankelende bestuurs- en administratiewe probleme te probeer regruk, die belastingbetaler meer as R14 miljoen uit die sak gaan jaag.
http://www.ditsem.net/berig.php?id=820
Print version ISSN 0041-4751 Tydskr. geesteswet. vol.52 no.3 Pretoria 2012 NAVORSINGS EN OORSIGARTIKELS RESEARCH AND REVIEW ARTICLES 'n Voorlopige impakstudie van 'n vennootskapsprojek tussen universiteit, skole en die privaat sektor: hoop vir benadeelde studente danksy mentorskappe A preliminary impact study of a university, school and private sector partnership project: hope for disadvantaged students through mentorships Michael le Cordeur Departement Kurrikulumstudie (Afrikaans), Fakulteit Opvoedkunde. Universiteit Stellenbosch email@example.com OPSOMMING Die Universiteit Stellenbosch verkeer onder druk om sy diversiteitsprofiel te verbeter sodat dit in lyn is met die transformasiedoelwitte van die regering soos uiteengesit in die Witskrif op Hoër Onderwys van 1997. Terselfdertyd is die Universiteit onder druk om 'n rol te speel in armoede-verligting van die benadeelde gemeenskappe rondom Stellenbosch. Die gehalte van die onderwys in die voorheen benadeelde skole is egter so swak dat baie min leerders uit hierdie gemeenskappe kwalifiseer om hul studies op universiteit voort te sit. In reaksie op hierdie uitdagings het die Universiteit 'n opvoedkundige filosofie aanvaar wat bekend staan as 'n "pedagogie van hoop" (Freire 1970). Dit het gelei tot die ontstaan van inisiatiewe soos die Rachel's Angels-skole-vennootskapsprojek, gegrond op die beginsels van gemeenskapsinteraksie. Die projek het ten doel om die kapasiteit van belowende leerders uit benadeelde gemeenskappe te verbeter met behulp van 'n mentorskapprogram sodat hul kanse op toegang tot universiteit sal verbeter. Hierdie artikel gee 'n oorsig van hierdie projek, waarna 'n impakstudie volg om te bepaal of die projek die verwagte uitkomste bereik het. Die bevindinge van die impakstudie dui daarop dat, uit die benadeelde skole wat aan die projek deelneem, meer leerders universiteitstoelating kry, groeipyne ten spyt. So word betekenis gegee aan die Universiteit se strewe na 'n "pedagogie van hoop". Trefwoorde: Angels, mentors, protégé-mentee,3 skolevennootskappe, mentorskap, entrepreneursvaardighede, bemagtiging, gemeenskapsinteraksie, transformasie ABSTRACT Successful access to higher education for black students in particular remains a challenge to all tertiary institutions in South Africa. This is the opinion of Prof. Russel Botman, Rector of Stellenbosch University (SU). It is therefore of concern that the SU strategic framework document (SU 2010a) states that the increase in our country's student population projected by the National Commission for Higher Education in 1997 (DBO 1997) has not been attained. This is in contrast with the University's vision for the future, which commits itself to an academic institution of excellence and a respected knowledge partner that contributes towards the development of South Africa and welcomes a diversity of people and ideas. But according to a report by the Centre for Higher Education Transformation (CHET)1 little demographic transformation had occurred in respect of who participates in higher education. This is an indication that black students' chances of gaining access to university have in fact decreased. Despite this authorities continue to insist that the percentage of black students in public higher-education institutions be increased. The Ministry's vision is of a transformed, democratic, non-racial and non-sexist system of higher education that will promote equity of access and fair chances of success to all who are seeking to realise their potential through higher education (DBO 1997). The Vice-Rector of SU (Fourie 2009b:16) expands on this: "Besides the moral-ethical considerations, pressure is also being placed on universities by higher education policy to diversify their student and staff compositions and to remove measures that could exclude certain groupings". Stellenbosch University is thus under pressure to align its diversity profile with the transformation goals set by the government, as proclaimed in the White Paper on Higher Education of1997. At the same time the University also experiences pressure from the broader community to answer to the call of alleviating poverty in disadvantaged communities (SU 2010a). However, the standard of teaching in previously disadvantaged schools in the surrounding areas is such that very few students qualify to further their studies at university level. The question therefore is what the University can do to draw students that will rise to these challenges. In his response the University announced a strategy referred to by the current vice-chancellor (Botman 2007) as a "pedagogy of hope". This seems to have been inspired by the neo-Marxist Brazilian educationalist Paulo Friere'spublication Pedagogy of the oppressed (1970). According to this strategy the University will search for and exploit opportunities that will lead to "the farm owner's daughter and the farm worker's son sitting in the same class" (Botman 2007). This gave rise to initiatives such as the Rachel's Angels Schools Partnership Project, which is based on the principles of community interaction.2 The project aims to build the capacity of promising students from disadvantaged communities with the aid of a mentorship programme. This will enable them to bridge the gap between school and university successfully. This article presents an overview of the project as well as a report on its impact. The educational theories which underpin the Rachel's Angels project can be considered to be constructivist in nature, founded upon a philosophy that is student centred and based on a view in which knowledge is not absolute, but is actively constructed by the student. The study aims to establish whether the project has achieved the desired outcomes. If employed successfully, SU will give effect to its transformation agenda, which includes increased participation by a diverse corps of students, willingness to react to social and economic needs and growing cooperation between higher education institutions and all sectors of society. The results of the impact study indicate that, despite growing pains, the project has already made a meaningful contribution in building the capacity of disadvantaged students. The implications for the University are to continuously engage in partnerships with previously disadvantaged schools in order to unlock the potential of disadvantaged students. Not only will it reflect positively on the University's diversity profile, but at the same time give meaning to the University's quest for a "pedagogy of hope". Key words: Angels, mentors, protégé-mentee, partnership in education, mentoring, entrepreneurial skills, empowerment, community interaction, transformation INLEIDING Suid-Afrika het 'n kritieke tekort aan studente wat matriek slaag met wiskunde en wetenskap op 'n vlak wat hulle in staat sal stel om verder te studeer (Jansen 2009). So byvoorbeeld was die wiskunde slaagsyfer in 2010 slegs 29,7%, terwyl die slaagsyfer vir fisiese wetenskap 30,9% was. Dit is 'n aanduiding dat die 50%-vlak wat normaalweg verwag word om toelating tot hoër onderwys te verkry, vir die meeste matrieks buite bereik is (Ndlovu 2011). Sodanige situasie hou ernstige implikasies in vir Suid-Afrika in die moderne kennisgebaseerde ekonomie, veral vir sosio-ekonomiese benadeelde gemeenskappe waar die meerderheid van die leerders se opvoeding nie tot sy reg kom nie. Suid-Afrikaanse leerders se prestasie in internasionale gestandaardiseerde toetse in wiskunde en wetenskap is eweneens kommerwekkend. So byvoorbeeld het Suid-Afrika se graad 8-leerders die swakste gevaar in wiskunde en wetenskap in 2003 uit 'n totaal van 50 lande wat aan die Trends in International Mathematics and Science Study (TIMSS) deelgeneem het (Ramphele 2008:173). Wanneer Suid-Afrikaanse skole se akademiese prestasies ontleed word, is dit opvallend dat die armste skole die swakste presteer en die welvarendste skole die beste vaar (Kanjee & Chudgar 2009). Sowel die plaaslike as internasionale situasies is 'n bedreiging vir die land se globale mede-dingendheid. Hoe minder geskoold die land se burgers is, hoe afhankliker is die land van eksterne bronne vir kritieke vaardighede. Dit skets 'n somber prentjie vir 'n land wat aspireer om globaal mededingend te wees in 'n kennisgebaseerde ekonomie. As leerders se prestasie op skool bepaal word deur die tipe skool wat hulle bywoon, eerder as die leerder se godgegewe potensiaal, beteken dit dat talle belowende leerders nooit die geleentheid sal kry om 'n bydrae tot die land se ontwikkeling te maak nie - met katastrofiese gevolge vir die sosio-ekonomiese situasie op lang termyn (Ndlovu 2011). Met hierdie nasionale krisis in die onderwys ter agtergrond het die Universiteit Stellenbosch (US), in samewerking met twee vennote, een uit die formele onderwys en een uit die privaat sektor, en in lyn met die gemeenskapsinteraksie-komponent van sy visie, verskeie inisiatiewe geloods, soos die Rachel's Angels-skolevennootskapsprojek waaroor in hierdie artikel verslag gedoen word. Universiteit Stellenbosch binne 'n veranderende Suid-Afrika Volgens die strategiese raamwerk van die Universiteit Stellenbosch (US) se Visie 2012 (US 2010a) is die Universiteit 'n uitnemende akademiese instelling en gerespekteerde kennisvennoot en verbind tot wetenskaplike en intellektuele kapasiteitsbou in Afrika; 'n aktiewe rolspeler in die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse samelewing en verbind tot 'n kampuskultuur wat 'n diversiteit van mense en idees verwelkom. Met hierdie toekomsvisie verbind die Universiteit Stellenbosch hom tot 'n konstruktiewe bydrae tot sosiale en ekonomiese verandering in Suid-Afrika, Afrika en globaal (US 2010a). Ingevolge die Witskrif op Hoër Onderwys van 1997 (DBO 1997) is die regering verbind tot die transformasie van hoëronderwysinstellings en dring daarop aan dat die persentasie swart studente in openbare hoëronderwysinstellings verhoog moet word: The Ministry's vision is of a transformed, democratic, non-racial and non-sexist system of higher education that will promote equity and fair chances of success to all who are seeking to realize their potential through higher education. (DBO 1997) Hiervolgens is die regering se vernaamste doelwitte op die transformasieagenda vir hoër onderwys soos volg: (1) verhoogde deelname deur 'n diverse studente- en dosentekorps; (2) groter verantwoordbaarheid om oplossings te soek vir maatskaplike probleme; en (3) toenemende samewerking en vennootskappe tussen hoëronderwysinstellings en alle sektore van die samelewing (openbare en privaat sektore). Ten spyte van hierdie transformasiedoelwitte blyk dit dat suksesvolle toegang tot hoër onderwys vir veral swart studente steeds 'n uitdaging vir tersiêre instellings in Suid-Afrika is (Botman 2011). So byvoorbeeld is dit onrusbarend om in die US se strategiese raamwerkdokument (US 2010a) te lees dat die geprojekteerde toename in die land se studentebevolking wat in 1996 deur die Nasionale Kommissie vir Hoër Onderwys gedoen is, nie plaasgevind het nie. Trouens, die getal swart studente in die openbare hoëronderwysstelsel het afgeneem, 'n aanduiding dat swart studente se kanse om universiteitstoegang te kry inderdaad verswak het (Cloete 2009).4 Die destydse visie-rektor (Fourie 2009b:16) bou hierop voort en noem dat naas die moreel-etiese oorwegings daar ook vanuit hoëronderwysbeleid sterk druk op universiteite is om hulle studente te diversifiseer, en om maatreëls wat sekere groeperings kan uitsluit, te verwyder. Volgens haar (Fourie 2009a) vergelyk die persentasie swart studente aan die US baie swak met die getal swart studente aan tersiêre instellings in die res van die land. Hiervolgens is daar altesaam 76% generies swart studente (63% swart, 7% Indiër en 6% bruin) en 24% wit studente aan hoër onderwysinstellings in Suid-Afrika. Daarteenoor het die Universiteit Stellenbosch volgens die mees onlangse inskrywingsinligting net 32,4% generies swart studente (13,9% swart, 16,5% bruin en 0,2% Indiër) teenoor 67,6% wit studente (kyk tabel 1). Vir die Universiteit Stellenbosch beteken 'n toename in die getal swart5 studente dat die soeklig sal val op die getal bruin studente gegee die US se taalbeleid wat 'n 60% aanbod in Afrikaans op voorgraadse vlak waarborg (US 2010b) en die getalleoorwig van bruinmense onder Afrikaanstaliges in die Wes-Kaap (Van den Berg 2008). Maar die swak gehalte van onderrig in swart en bruin hoërskole in Suid-Afrika is een van die talle bydraende faktore wat in die lae matriekslaagsyfer kulmineer (Ramphele 2008) en die realiteit is dat weinig van hierdie leerders universiteitstoelating kry. Baie skole het 'n gebrek aan hulpbronne en infrastruktuur (Essack & Quayle 2007:73) en volgens Giliomee, Heese en Schlemmer (2005) is daar tans minder bruin leerders wat graad 12 voltooi as enige ander groep. Die gevolg is dat slegs 'n klein getal leerders uit bruin Afrikaanse gemeenskappe vir universiteitstoelating kwalifiseer. Daar is 'n groeiende gevoel onder akademici dat transformasie nie bloot in terme van getalle gemeet kan word nie. Soudien (2010:225) vra byvoorbeeld: "Should transformation be about race, class, gender or numbers?". Die oorheersende persepsie is egter dat die US se studente-samestelling nie die diversiteit van die land of die streek weerspieël nie, ten spyte van Koopman (2007:130) se oproep dat "dit belangrik is dat ons leer om diversiteit te waardeer". Die parlementêre staande komitee oor hoër onderwys het sy ontevredenheid uitgespreek oor die stadige pas van transformasie aan die US (Rademeyer 2009:7). Die US is derhalwe onder druk om te transformeer. Die vraag is nou watter strategie die US gaan volg om hierdie teikens te bereik, want die wat kan gebeur, sê Hanekom (2009:153), is dat "'n volk hulle morele wil verloor om iets aan die saak te doen". In reaksie hierop het die rektor van die US die volgende teikens (kyk tabel 2) vir groter toeganklikheid tot die US daargestel (US 2010a): 'n Pedagogie van hoop Tydens sy inhuldigingstoespraak het die rektor, prof Botman (2007), 'n pedagogie van hoop aangekondig, geïnspireer deur die neo-marxistiese Brasiliaanse opvoedkundige, Paulo Freire (1921-1997) se publikasies Pedagogy of the oppressed (1970) en Pedagogy of hope: Reliving pedagogy of the oppressed (1992). Freire word beskou as een van die invloedrykste denkers in die teorie en praktyk van die onderwys. Hy het die idee gevestig dat die onderwys die belangrike rol het om die wêreld ten goede te verander tot voordeel van almal: As a democratic relationship, dialogue is the opportunity available to me to open up to the thinking of others, and thereby not wither away in isolation. (Freire 1992) Freire se konsep van 'n pedagogie van hoop is 'n voortvloeiing van die demokratiese onderbou van die samelewing waarvolgens onderwys die belangrike rol vervul om kritiese denke te stimuleer en 'n kritiese bewustheid te ontwikkel. Die doel is om mense te bemagtig sodat hulle hulself van onderdrukking, armoede en ongeregtigheid kan bevry, wat hulle in staat sal stel om in die hedendaagse wêreld met al sy uitdagings te oorleef. Freire verwag dus dat ons sal opstaan en iets vir onsself sal doen ten einde die juk van verdrukking finaal af te skud (Crittenden 2008). Soos hierbo aangedui is, is die konsep van 'n pedagogie van hoop aan die Universiteit Stellenbosch (US) eers onlangs bekendgestel (Botman 2007) as 'n moontlike riglyn om die Universiteit se kernaktiwiteite, naamlik onderrig en leer, navorsing en gemeenskapsinteraksie, te rig. Intussen is 'n baie ambisieuse veldtog in Julie 2010 geloods onder die vaandel van die HOOP-projek.6 Op institusionele vlak word dit van die Universiteit verwag om hom te verbind tot sosiale verantwoordelikheid en om die algemene welsyn van die gemeenskap deur sy kundigheid en infrastruktuur vir opheffingsprogramme in die gemeenskap beskikbaar te stel (Botman 2011:15). Hiervolgens sal die Universiteit voortaan geleenthede soek en ontgin wat daartoe sal lei dat "die dogter van die plaaseienaar en die seun van die plaasarbeider in dieselfde klas sal sit" (Botman 2007). Die Rachel's Angels-projek as voorbeeld van 'n "pedagogie van hoop"-projek Uit die voorafgaande blyk dit dat die US homself tot die transformasieproses in die hoëronderwyssektor verbind en die uitdaging aanvaar om volhoubare kennisvennootskappe met 'n verskeidenheid belanghebbendes te inisieer en te bestuur. Die doel is om samewerking tussen die gemeenskap en die Universiteit sodanig te bevorder dat die Universiteit in die behoeftes van die gemeenskap op plaaslike, streeks- en nasionale vlak voorsien (US 2010a) en sodoende aan 'n pedagogie van hoop gestalte gee. Die US wil veral daarop fokus om suksesvolle toegang tot hoër onderwys moontlik te maak vir dié wat voorheen benadeel is, omdat dit nou duidelik blyk dat die arm gemeenskappe rondom die US 'n dringende behoefte aan sekondêre onderrig van gehalte het. Die Universiteit wil daarom op 'n gestruktureerde wyse deur middel van gemeenskapsinteraksie by die ontwikkeling van die gemeenskap betrokke wees, soos vervat in die derde punt van die US se missiestelling (US 2010a). 'n Voorbeeld van so 'n inisiatief is die Rachel 's Angels-projek. Geskoei op die beginsel van gemeenskapsinteraksie en geïnspireer deur Freire se pedagogie van hoop, is Rachel's Angels 'n vennootskap tussen die Wes-Kaapse Onderwysdepartement, die US en Media24. Die konsep van 'n universiteit-skole-vennootskap wat daarop ingestel is om skole se akademiese prestasies te verbeter, is nie iets nuuts nie, en is reeds nasionaal en interna-sionaal nagevors en gerapporteer (Fricke, Horack, Meyer & Van Lingen 2008; Thorkildsen & Stein 1996). Met hierdie projek streef die US en sy vennote daarna om gedeelde strategieë daar te stel wat nie net hoop bied vir voorheen benadeelde studente nie, maar ook sosiale en ekonomiese ontwikkeling bevorder (US 2009a). Die projek poog om 'n leidende rol in dienslewering te speel deur geleenthede vir leerders uit die arm gemeenskappe te ontsluit wat hulle in staat sal stel om toegang tot 'n universiteit te verkry. Sodoende word die Universiteit 'n aktiewe rolspeler in die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse samelewing, soos vervat in sy Visie 2012, en gee hy gestalte aan een van sy transformasiedoelwitte. Wat behels die Rachel's Angels-projek? Hanekom (2009:147) wys daarop dat die meeste navorsers wat armoede ondersoek, erken dat goeie opvoeding en onderwys een van die belangrikste sleutels tot die vermindering van armoede is. Volgens Landman (2007:46) is die oorgang van skool na universiteit letterlik die begin van die res van 'n mens se lewe. Die projek is derhalwe daarop toegespits om met behulp van mentorskappe belowende studente vir die lewe op universiteit gereed te maak. Sodoende word leerders uit benadeelde gemeenskappe die geleentheid gebied om die sprong tussen skool en die universiteit suksesvol te oorbrug - want, soos Eloff (2007:13) tereg opmerk, die aanpassing kan soms baie moeilik wees. Een moontlikheid is, volgens Hanekom (2009:149), om leerders deur middel van spesifieke geleenthede letterlik uit die gemeenskap te haal en hulle dan binne 'n nuwe konteks te plaas (soos met Rachel 's Angels), want dit is moontlik om 'n verskil in 'n kleiner groep te maak (Hanekom 2009:145). Rachel 's Angels se visie is om 'n meetbare bydrae te lewer tot uitnemendheid in sekondêre onderwys in die Wes-Kaap. Die term Angels verwys na mense wat bereid is om geld te belê in 'n redelik riskante idee. Indien suksesvol, verdien die beleggers groot dividende (Rachel 's Angels 2010). Graad 11-leerders van skole uit voorheen benadeelde gemeenskappe doen aansoek om deelname aan die projek. Rachel's Angels se doelwit is om leerders se akademiese vaardighede te verbeter, terwyl leerders ook met lewensvaardighede beklee word. Dit word bereik deur 'n mentorskapprogram van twee jaar met 'n ondersteunende raamwerk onder toesig van die US en sy vennote, Media24 en die Wes-Kaapse Onderwysdepartement. Die vennootskap behels dat senior studente van die Universiteit as mentors optree vir die graad 11-leerders (mentees) totdat hulle matriek voltooi. Navorsing wys dat leerders druip omdat hulle onvoorbereid is, nie oor die regte studietegnieke beskik nie, en nie weet hoe om 'n eksamen te benader nie (Handy 2003). Omdat effektiewe studiemetodes baie belangrik is vir suksesvolle studie op universiteit (Haitbottle 2007:45), word hierdie probleem deur die aanleer van effektiewe studietegnieke aangeroer. 'n Gebrekkige selfbeeld ondermyn dikwels leerders uit arm gemeenskappe (Baugh & Sullivan 2005). Daarom word die leerders blootgestel aan werkswinkels om hul selfbeeld te verbeter en die uitdagings ná matriek te hanteer. Leerders word blootgestel aan die sakewêreld in die vorm van 'n entrepreneursdag waartydens hulle sakeplanne vir die bestuur van 'n kleinsake-onderneming moet voorberei. So word studente en leerders vaardighede geleer wat hulle nie net in staat stel om probleme te trotseer deur die regte besluite te maak en die beste oplossings te vind nie (Le Cordeur 2001:17; Landman 2007:45), maar wat hulle ook toerus om 'n konstruktiewe bydrae tot die Suid-Afrikaanse ekonomie en die samelewing te maak. Geen land, gemeenskap of organisasie kan suksesvol wees as daar nie op elke vlak van die samelewing mense is wat die basiese beginsels van leierskap verstaan en kan uitleef nie (Hanekom 2009:144). Dit is bewys dat waar daar goeie leierskap en bestuur in skole aanwesig is, dit tot 'n positiewe leer-en-onderrigomgewing lei (Ramphele 2008:179). In hierdie opsig het die trustees bestuursopleiding van skoolhoofde as 'n behoefte geïdentifiseer. Skoolhoofde moet daagliks talle gevorderde bestuursfunksies verrig sonder dat hulle ooit daarvoor opgelei is. Ten einde die kapa-siteit van die skole waarbinne Rachel's Angels opereer, uit te bou, word daar in samewerking met die US ondersteuning aan onderwysers en skoolhoofde gebied met behulp van 'n week lange bestuurskursus aan die Bestuurskool van die US (Rachel's Angels 2010). Die deelnemende mentors en skole trek ook finansieel voordeel uit die projek. Leerders moet sekere akademiese teikens met die hulp van hul mentor bereik. Indien suksesvol, kwalifiseer die skole en die mentors vir aandele in die Welkom Yizani Bemagtigingskema van Media24. Skole en studente word opgelei en aangemoedig om die fondse in 'n belegging te omskep as deel van die projek se strategie van ekonomiese ontwikkeling (Rachel's Angels 2010). Die Rachel's Angels-projek word bestuur deur 'n trust van sewe trustees (waaronder die skrywer) wat almal by hoër of basiese onderwys belang het. Die trustees is daarvoor verantwoor-delik om besluite namens die projek te maak wat in die beste belang en tot voordeel van sy begunstigdes is (Bodie, Kane & Marcus 2003:602). Die trustees se verantwoordelikhede behels voorts die samestelling van die kurrikulum vir die mentorskapprogram, die aanstelling van diens-verskaffers om die programme te implementeer asook die gehalteversekering van die programme. Dit was vir die trustees belangrik om te weet of die projek daarin slaag om die uitdagings wat hier uitgespel is, die hoof te bied. Voorts was dit belangrik dat die trustees 'n idee het hoe suksesvol hierdie mentor/mentee-verhouding is. Soos Mavusa (2007:19) opmerk, is dit noodsaaklik dat elke mentee en mentor hul rolle en funksies ten volle begryp asook 'n omvattende begrip het van die faktore wat 'n gesonde verhouding tussen hulle negatief of positief kan beïnvloed. Die opvoedkundige filosofie van die projek Die filosofie wat Rachel's Angels ten grondslag lê, is enersyds Freire (1970) se pedagogie van hoop wat ten doel het om mense (studente) te bemagtig om iets vir hulself te doen ten einde aan die juk van onderdrukking, armoede en ongeregtigheid te ontsnap (Crittenden 2008). Daarom streef die projek daarna om leerders met dié vaardighede te beklee wat nodig is vir lewenslange leer ten einde leerders se kanse op sukses in hoër onderwys te versterk. Andersyds is die konseptuele raamwerk van hierdie projek 'n voorbeeld van konstruktivisme, 'n opvoedkundige filosofie wat leerder-gesentreerd is (Kim 2001:2). Hierdie benadering is gegrond op die siening dat kennis nie absoluut is nie, maar voortdurend deur die leerder gekonstrueer word op grond van vorige kennis en deur die universele beskouings van die wêreld (Baker 2000:260). Een van die vroegste stemme in die debat wat hierdie verskuiwing teweeggebring het, was dié van Jean Piaget, wat dit in 1948 in sy hoedanigheid as hoof van die Internasionale Buro vir Onderwys soos volg beskryf het: Die basiese beginsel van aktiewe onderwysmetodes [...] kan soos volg uitgedruk word: om te verstaan, is om te ontdek, of om deur ontdekking te rekonstrueer, en daar moet aan hierdie voorwaardes voldoen word indien toekomstige individue gevorm moet word wat tot produksie en kreatiwiteit in staat is, eerder as slegs tot eenvoudige herhaling. (Piaget 1978:20) 7 Dit is 'n leerteorie wat daarna streef om leerders met die vaardighede te beklee wat vir lewenslange leer nodig is en dit is in wese 'n wegbeweeg van die opvatting dat kennis aan die passiewe leerder oorgedra word, na die idee dat aktiewe leerders kennis skep terwyl hulle dit teëkom en daarby betrokke raak. Die leerteorie gaan van die standpunt uit dat leerders nie leë wesens is nie (Freire 1970:22), maar dat elke leerder oor 'n eie perseptuele raamwerk beskik, dat leerders op verskillende wyses leer, en dat leer 'n dinamiese, aktiewe proses is (Kim 2001:3). Ontwikkelende leerders word nie meer as passiewe ontvangers van kennis beskou nie, maar eerder as aktiewe bouers van hul kennis in wisselwerking met die wêreld om hulle. Selfgerigte leer moedig leerders aan om oor hul leeraktiwiteite te besin en om verantwoordelikheid vir die leerproses te aanvaar; vaardighede wat bevorderlik is vir lewenslange leer (Baker 2000:261). LITERATUURSTUDIE Die sosiale leerteorie, dat leer deur sosiale interaksie geskied, is deur die Russiese psigoloog Lev Vygotsky ontwikkel (Woolfolk 2010). Verwysings na mentors en mentorverhoudings kom reeds tussen die jare 2333 en 2177 VC voor toe Chinese konings hul opvolger opgelei het om by hulle oor te neem (Taylor & Bressler 2000:viii). Enkele voorbeelde uit die Bybel is dat Moses vir Joshua, en Paulus vir Timoteus (Bybel, 1983) gementor het. Navorsing in China asook in die VSA oor die rol van die mentor in die ontwikkeling van die adolessent het bevind dat mentors 'n sterk invloed op die adolessent se lewe uitoefen (Thorkildsen & Stein 1996). Steytler en Strydom (2010:561) het bevind dat jongmense wat gementor word, 'n breër maatskaplike netwerk het om hulle te ondersteun as dié sonder hierdie leiding. Die rol van die mentor Die suksesvolle verhouding tussen die mentor (US-student) en die mentee (leerder) hang van verskeie faktore af. Onder andere vereis dit dat die mentor 'n bondgenoot sal wees. Mentors is hul mentees se klankborde en moet 'n atmosfeer skep waarin mentees onbevange en openhartig kan praat oor hul frustrasies en die uitdagings wat hulle in die gesig staar. Die mentee het behoefte aan 'n adviseur, iemand wat gepaste strategieë vir vakkeuses en loopbaanrigtings vir die mentee kan aanbeveel of die nodige inligting kan verskaf (Geber 2009:674; Mavusa 2007:15). Verder moet die mentor 'n goeie luisteraar wees, en aandagtig luister na die mentee, sy probleme en behoeftes. Hierdie terugvoering help mentors om mentees met die regte advies te bedien en beklemtoon hul rol as emosionele ondersteuner, asook hul vermoë om wedersydse respek en vertroue te kweek, om mentees te motiveer en te ondersteun in stresvolle tye en om hul kennis en ondervinding met mentees te deel (Welty 1989:55-57). Daar word van mentors verwag om hulle mentee minstens twee keer per maand te ontmoet en na werkswinkels te vergesel. Maar bowenal moet die mentor 'n rolmodel wees wat konstruktiewe kritiek verskaf, wat die waardes wat hulle by die mentee wil kweek, self handhaaf en wat hul professionele waardes uitleef (Johnson 2007:45; Haitbottle 2007:44). Die persoon wat die adolessent mentor, moet dus ingestel wees op sy eie optrede en dit wat hy sê, aangesien dit 'n blywende indruk by die mentee laat. Geber (2009:674) wys daarop dat ondersteuning wat mentorskap insluit 'n noodsaaklike proses is om jong volwassenes se loopbane te rig. Die rol van die mentee Volgens Mavusa (2007:16) moet mentees gewillig wees om te leer, en bewus wees daarvan dat die sukses van die program afhang van hul eie vermoë om te leer. Die program plaas 'n hoë premie op selfontwikkeling: mentees moet kreatief wees en verantwoordelikheid vir hul eie ontwikkeling aanvaar (Johnson 2007:46). Verder moet mentees goeie gespreksvoerders wees wat hul idees, probleme en ander bekommernisse openhartig met die mentors deel (Haitbottle 2007:44). Soos mentors moet mentees ook oor goeie luistervaardighede beskik (Geber 2009:675) sodat hulle die raad, instruksies en aksieplanne waarop met die mentor ooreengekom is, nougeset sal implementeer. Mentees moet werkswinkels bywoon en opleiding in studietegnieke, entrepreneursvaardighede en selfbeeld ontvang. Mentees ondergaan gereeld aanlegtoetse en ontvang regdeur die tweejaar-tydperk terugvoering om hulle met hul loopbaankeuses te help. Mentor/mentee-seleksie Ten einde as mentor in die Rachel's Angels-projek aangewys te word, moet graad11-leerders en hul skole aansoek doen. Die sestien deelnemende skole nomineer leerders wat oor die potensiaal beskik om universiteit toe te gaan, maar sosiaal en ekonomies erg benadeel is, vir deelname aan die program, waarna die trustees hulle aan 'n streng keuringsproses onderwerp. Die vernaamste voorvereiste om 'n mentee te word, is intrinsieke motivering (Haitbottle 2007:46). In die onderhawige tweejaar-siklus van die Rachel's Angels-program was daar 112 mentees betrokke (Rachel's Angels 2010). Elke mentee word aan 'n mentor van die US toegesê op grond van die leerder en die mentor se vakkeuses asook hul belangstellings. Moeite word gedoen om te verseker dat elke mentor en mentee bymekaar "pas" (Steinmann 2006) maar dit is nie altyd moontlik nie. Eloff (2007:13) stel dit dat veral eerstejaarstudente wat nog nooit in 'n koshuis was nie, die aanpassing in dié nuwe blyplek veeleisend vind. Daarom word leerders die geleentheid gebied om die Universiteit saam met die mentor te besoek asook enkele sosiale geleenthede en lesings by te woon sodat hulle aan die universiteitsomgewing gewoond kan raak. As teenprestasie word daar van mentees verwag om 'n positiewe rolmodel in hul gemeenskap te wees (Welty 1989) en die res van die leerders by die skool in te lig en te bemagtig vir dit wat op hulle wag. Die mentor/mentee-verhouding Mentorskap word gedefinieer as 'n dinamiese en persoonlike verhouding wat 'n meer ervare en wyser persoon (mentor) in staat te stel om 'n minder ervare en jeugdiger persoon (mentee) in 'n spesifieke rigting te help ontwikkel (Steinmann 2006:3). Welty (1989) dui aan dat die behoefte aan mentors sterk is, maar dat min senior persone bereid is om buite hul gesin as mentors op te tree, juis omdat die eise aan so 'n verhouding so intens is. 'n Mentor/mentee-verhouding is dus tweërlei van aard: sowel waarde- as loopbaangedrewe. Dit is waardegedrewe omdat die mentee se karakter en waardes ontwikkel en geslyp word, en loopbaangedrewe omdat die mentee vaardighede geleer word en die relevante inligting en blootstelling ontvang wat hom aan netwerke van die werksomgewing bekendstel (Mavusa 2007:1). Die eienskappe hierbo aangedui impliseer dat die geaardheid van die mentor 'n baie belangrike rol in 'n suksesvolle mentor/mentee- verhouding speel (Welty 1989:58). Die persoonlikheid van die mentor en sy oordra en uitleef daarvan het 'n direkte invloed op die mentorverhouding. Soos Taylor en Bressler (2000:xii) dit stel, die inspraak wat die volwassene op 'n jongmens se lewe het, kan groot veranderinge by die jongmens teweeg bring: "Interaction with supportive adults, to whom a young person can turn for guidance and nurturing, is a key to navigating the slippery path to productive adulthood". NAVORSINGSMETODOLOGIE Die navorsingsmetodologie van hierdie studie benut in hoofsaak 'n literatuurstudie om data te versamel (Denscombe 1998:29) oor die rol van mentors in die ontwikkeling van mentees en wat 'n ideale mentorverhouding behels. Ter ondersteuning van die literatuurstudie is vraelyste en onderhoude ook gebruik. Doel van die ondersoek Die doel van hierdie ondersoek is om vas te stel wat die impak van die Rachel's Angels-projek was op die akademiese vordering van die leerders wat deel was van die projek, en om vas te stel of die verwagte resultate gelewer is, dit wil sê, of die akademiese vermoëns van die leerders uit die benadeelde gemeenskappe sodanig verbeter het dat hierdie leerders toegang tot 'n hoëronderwysinstelling kon kry. Navorsingsvraag Die navorser het die volgende navorsingsvraag ondersoek: Het die implementering van die Rachel's Angels-pro/ek die akademiese vermoë van spesifieke graad 12-leerders aan voorheen benadeelde skole bevorder, sodat dit hierdie leerders se kanse om toelating tot 'n hoëronderwysinstelling verbeter het? Dataversameling Omdat die navorser 'n trustee is en dus te na aan die ondersoek staan, is 'n onafhanklike administrateur (kyk Van de Rheede 2009) gebruik om te verseker dat die navorsing geldig en betroubaar is (Zuber-Skerritt 1992:138-139). As deel van die gelyktydig triangulerende strategie vir die empiriese ondersoek (Creswell 2009:203-216) is gemengde metodes gebruik om kwalitatiewe en kwantitatiewe data te verkry ter ondersteuning van die literatuurstudie. Kwantitatiewe data is versamel deurdat die mentors, mentees en skoolhoofde vraelyste ingevul het. By die ontwerp van die vraelys is vrae gekies wat op die Likert-skaal gegrond is (bv.: 1 - Stem saam; 2 - Stem tot 'n mate saam; 3 - Stem glad nie saam nie) asook oopvraag-stellings (Denscombe 1998:101). Die oop-vrae het mentors en mentees versoek om kommentaar oor die projek te lewer en aanbevelings te maak. Skoolhoofde het dieselfde geleentheid gehad tydens die onderhoude wat met die 16 skoolhoofde gevoer is. Dit sou gedetailleerde en diepgaande kwalitatiewe data verskaf wat aanvullend tot ander metodes gebruik kon word (Denscombe 1998:112). Die 16 deelnemende skole en die 112 mentees is besoek om die vraelyste te voltooi terwyl die mentors se vraelyste per e-pos gestuur is, aangesien dit eksamentyd was. Mentees se vraelyste het gehandel oor (1) die invloed wat die mentor op hul lewe gehad het en (2) die impak van die program op die mentees. Prinsipale se vraelys het die omvang getoets van die ondersteuning wat van Rachel's Angels verlang word, terwyl mentors se vraelys op die mentorverhouding tussen mentors en mentees gefokus het. Mentees en prinsipale het die vraelyste by 'n werkswinkel ingehandig en mentors per terugkerende e-pos. Altesaam 92 voltooide vraelyste is van mentees (82%) terug ontvang, 25 van mentors (45%) en 14 van prinsipale (87%). Die getal vraelyste wat van die mentors ontvang is, was teleurstellend min, dalk omdat diegene wat hul eksamen voltooi het reeds die kampus verlaat het en dus nie e-pos-toegang gehad het nie. Dit is een van die redes waarom die bevindinge van hierdie impakstudie as voorlopig beskou kan word. Verdere en opvolgnavorsing is dus nodig alvorens permanente afleidings gemaak kan word. In die volgende afdeling word die bevindinge bespreek. BEVINDINGE By die ontleding van die bevindinge word die terugvoering van mentees, mentors en skoolhoofde afsonderlik bespreek. Die impak wat die Rachel's Angels-projek op elk van hierdie rolspelers gehad het, word eers kwantitatief (na aanleiding van die vraelyste) ontleed. Daarna word die kwantitatiewe data met die kwalitatiewe data (soos blyk uit die onderhoude) vergelyk. Waar nodig sal die leemtes en tekortkominge in die program aangedui word, voordat enkele aanbevelings gemaak sal word. Terugvoering van mentees Uit die vraelyste blyk dit dat die meerderheid mentees (kyk figuur 1) positief was oor die invloed wat die mentors op hul lewens gehad het. Voorts voel hulle dat die mentor hulle gehelp het om meer gefokus op hul skoolwerk te raak, hulle gemotiveer het om goeie matriekuitslae te behaal en hulle gehelp het om presies te weet wat hulle wil word. Daar is egter ook sekere leemtes. Nie alle mentees (24) was oortuig daarvan dat hul mentors hulle met hul loopbaankeuse behulpsaam was nie, terwyl sommige mentees (13) steeds nie gemotiveer is nie en ander (19) sukkel om op hul skoolwerk te fokus. Ten opsigte van die impak wat die program op die mentees gehad het, dui hul terugvoering volgens die vraelys (kyk figuur 2) daarop dat leerders oor die algemeen positief was. Ân Enkele voorbeeld hiervan word verbatim aangehaal: ÂJa, daar is verandering. Ek besef nou alles kan nie as vanselfsprekend aanvaar word nie, ek moet hard werk. (L01)8 Hulle is ook van mening dat die program hulle goeie insig in die lewe op universiteit gegee het en dat hulle nou weet wat van hulle verwag word indien hulle tot die universiteit toegelaat sou word: ÂEk het geleer om meer krities te dink, en om nie net dinge te aanvaar nie. (L07) Konstruktivistiese leerteorieë vereis dat mentees betekenisvolle probleme moet hê om op te los (Piaget 1978:24). Dit is dus insiggewend dat sommige mentees van mening was dat die program hulle gehelp het om deurlopend te werk en vir die finale eksamen voor te berei: ÂEerder as om die werk te memoriseer, verstaan ek nou die werk, en dit bly langer in my geheueÂ. (L14) Terugvoering van mentors Die meeste mentors (kyk figuur 3) het die verhouding met hul mentees positief ervaar, oor die algemeen goeie samewerking van hul mentees gekry, en genoem dat die mentees gewillig was om te leer en toegewyd tot hul studies was. Nie alle mentors (6) was egter gelukkig met die samewerking wat hulle van die mentees gekry het nie Volgens verskeie mentors het hul mentees ook n invloed op hul lewens gehad. Enkele response word verbatim weergegee - "Dit het my sosiale interaksie en die vermoë om ander te help, geleer; iets wat ek nooit geweet het ek in staat is nie." (M01) - "Ek hetpersoonlikgegroeienhetnou begripvir die nood van ander." (M09) - "Dit is 'n baie interessante program wat die mentor dwing tot verantwoordelikheid." (M14) - "Dit was 'n wonderlike ervaring, jy leer baie van ander, die program is vervullend en om 'n anderpersoonte helpis baie bevredigend." (M22) - "Ek voel geïnspireerd en dit was 'n voorreg om iemand van hulp te wees." (M02) - "Dit het my die geleentheid gebied om positiewe verandering teweeg te bring wat fantasties is vir my persoonlike ontwikkeling." (M11) Dit blyk dus dat die mentee op sy beurt ook 'n invloed op die mentor se lewe kan hê deur laasgenoemde van tyd tot tyd te korrigeer en tereg te wys. Dit beteken nie noodwendig dat die mentee dit negatief bedoel nie; sy mentor kan die kritiek ook positief aanwend (Steytler & Strydom 2010:569). Terugvoering van skoolhoofde Volgens Van de Rheede (2009) se verslag het die meerderheid van die skoolhoofde die program positief beoordeel. Almal (kyk figuur 4) was van mening dat die program hul leerders goeie insig oor die universiteitslewe gegee het: "Dit help die leerders om in hulself te glo. Dit gee ook duidelike riglyne van wat leerders op universiteit kan verwag". (S09) 'n Ander skoolhoof het hom soos volg uitgedruk: "Hierdie projek is 'n positiewe poging om leerders voor te berei vir tersiêre studie. Dit was 'n geleentheid vir ons leerders om op verskeie vlakke te groei - akademies sowel as sosiaal. Baie dankie!" (S02) Op een na het al die skoolhoofde ook genoem dat die program hul leerders gemotiveer het om hard te werk deur die jaar en dat hulle as gevolg daarvan beter voorbereid was vir die eksamen: "Dit is 'n uiters suksesvolle bemagtigingsinisiatief wat baie vaardighede aan ons leerders bied. Ek voel dat dit die leerders wat betrokke was by die projek, baie geleer het en soveel meer selfvertroue gekry het." (S10) Die bestuurskursus wat vir skoolhoofde aangebied is, is ook goed ontvang: "Die bywoning van die kursus het die verwagte resultate gelewer en ons is vol vertroue dat ons danksy die nuut verworwe bestuursvaardighede ons skole beter kan bestuur." (S14) Gevolglikhet al dieskoolhoofde die wensuitgespreekdathul skoolweerbydieprojekbetreksal word. Slegs een skoolhoof word hier aangehaal: "Ons wil graag weer deel wees van die program omdat dit ons leerders ondersteun ten opsigte van besluitneming in verband met die wêreld van werk. " (S06) Alles was egter nie so rooskleurig nie, en verskeie skoolhoofde het tekortkominge uitgewys. Sommige was van mening dat nie al die mentors opgewasse vir die taak was nie: "Kies mentors wat gewillig is om die werk te doen", (S07) het een gesê. "Mentors besoek nie die skool gereeld nie" (S08) was 'n ander skoolhoof se opmerking. Die grootste tekortkoming volgens skoolhoofde is dat mentors "intensief opgelei" moet word. Die gebrek aan mentoropleiding en hoe dit opgelos kan word, kom vervolgens aan bod. AANBEVELINGS Die skrywer wil op grond van die bevindinge van die impakstudie veral twee aanbevelings maak. Die twee aspekte hou verband met monitering en mentoropleiding. Monitering Die impakstudie het getoon dat nie alle mentors gelukkig was met die samewerking wat hulle van die mentees gekry het nie. Twee jaar is 'n lang tydperk en leerders raak gou verveeld. Die trustees moet meer dikwels die aktiwiteite van die mentees moniteer deur op 'n gereelde grondslag met skoolhoofde oor die toewyding van die leerders in gesprek te tree. Daar behoort ook meer dikwels monitering gedoen te word of al die mentors nog aan boord is, want daar is 'n gevoel by sowel mentees as skoolhoofde dat talle mentors nie vir die volle duur van die projek gemotiveerd was nie. Mentoropleiding Uit die impakstudie het dit aan die lig gekom dat baie mentees voel dat hul mentor nie opgewasse was vir hul taak nie. Dit het geblyk dat sommige mentors nie oor die nodige vaardighede beskik nie. Die trustees sal gevolglik indringend moet aandag skenk aan die opleiding van mentors. Een van die doelwitte van die impakstudie was die versameling van data sodat die opleiding van die mentors op 'n voortdurende basis aangepas kan word. In die afgelope twee dekades is baie navorsing gedoen oor mentorskappe en mentorverhoudings. Een van die aspekte wat deur verskeie navorsers aanbeveel word (kyk Haitbottle 2007; Welty 1989), is 'n omvattende opleidingsprogram vir mentors omdat dit tot beter mentor/mentee-verhoudings lei en talle voordele inhou: dit lei mentors op oor die aard van mentorskap; dit verstrek inligting oor die program se spesifieke doelwitte; en dit voorsien die mentors van inligting rakende die mentees met wie hulle gaan werk. Alvorens met enige opleiding begin of enige verdere mentors gewerf word, is dit belangrik dat alle rolspelers, insluitend die trustees, deeglik ingelig sal wees oor die riglyne en prosedures van die projek. Sodoende lewer die impakstudie 'n navorsingsgebaseerde raamwerk vir mentoropleiding (Haitbottle 2007:47). Dit sal ook die bestuur van die projek vergemaklik en die risiko van onsuksesvolle mentorskappe verminder (Mavusa 2007:15), terwyl 'n kurrikulum ontwikkel word wat die fokus op die unieke uitdagings en geleenthede van die Rachel 's angels-projek laat val. Sodoende kan die Rachel 's angels-projek as 'n bloudruk vir ander soortgelyke projekte dien. SLOTOPMERKINGS In hierdie artikel is die impak van die Rachel's angels-projek ondersoek om vas te stel of die projek die verwagte uitkomste, soos aangedui in hul visie, bereik het. Alhoewel die aard van die navorsingsplek (die Wes-Kaap rondom Stellenbosch) nie vergelykbaar is met die land as geheel nie, is dit tog nuttig om na die matriekuitslae van die deelnemers aan die Rachel's angels-projek te kyk. In 2009 het 60,6% van alle matrieks geslaag, waarvan 19,8% vir graadstudies gekwalifiseer het (DBO 2010). Daarteenoor het 102 uit 112 mentees (92%) geslaag, waarvan 53,7% vir graadstudies en die res (46,3%) almal vir hoër onderwys gekwalifiseer het. 'n Ander manier om die sukses van die program te meet, is om op longitudinale wyse die vordering van voormalige mentees te volg. Hierdie proses is tans op dreef en 'n volgende studie behoort lig hierop te werp. Die resultate van hierdie studie toon nietemin dat, alhoewel die projek nog baie groeipyne ervaar, dit reeds 'n betekenisvolle verskil gemaak het om die kapasiteit van belowende studente uit benadeelde gemeenskappe te ontwikkel. Sodoende is gestalte gegee aan die US se strewe om hoop te bring vir arm gemeenskappe deur onderrig en leer in voorheen bena- deelde skole te verbeter. As sodanig is die projek 'n eerlike poging om die potensiaal van benadeelde leerders te ontsluit deur geleenthede vir hulle te skep om verder te studeer. Nie alleen sal dit positief op die Universiteit se diversiteitsprofiel reflekteer nie, maar dit gee ook betekenis aan die Universiteit se strewe na 'n pedagogie van hoop. Boyer (1996) is oortuig daarvan dat universiteite die vernaamste bron van hoop vir die gemeenskap se intellektuele en maatskaplike vooruitgang moet wees. In 'n tyd waar die onderwyskrisis in Suid-Afrika openlik erken word, kan universiteite nie meer apaties teenoor Suid-Afrika se ontstellende onderwysarmoede wees nie. Universiteite moet 'n aggressiewe vennoot word in die soeke na antwoorde op die belangrikste maatskaplike, ekonomiese en morele vraagstukke in ons land. Deur sy kennis en hulpbronne te deel met skole op 'n tydstip waar bitter min addisionele ondersteuning en befondsing beskikbaar is, kan 'n universiteit en sy vennootskapskole dalk net ontdek dat hulle mekaar se kosbaarste hulpbronne is (Thorkildsen & Stein 1996). BIBLIOGRAFIE Baker, C.M. 2000. Problem-based learning for nursing: integrating lessons from other disciplines with nursing. Journal of Professional Nursing, 16(5):258-259. [ Links ] Baugh, S.G. & Sullivan, S.E. 2005. Mentoring and career development. Career Development International, 10(6/7):425-428. [ Links ] Bodie, Z., Kane, A. & Marcus, A. 2003. Essentials of investments. Boston: McGraw Hill. [ Links ] Botman, H.R. 2007. A multicultural university with a pedagogy of hope for Africa: Installation speech. www.sun.ac.za/university/Management/rektor/docs/russel.pdf [21 Junie 2012]. [ Links ] Botman, H.R. 2011.The case for the relevant university. South African Journal ofHigher Education, 25(1):14-21. [ Links ] Boyer, E.L. 1996. The scholarship of engagement. Journal of Public Service and Outreach, 1(1):11-20. [ Links ] Cloete, N. (ed.). 2009. Responding to the educational needs of post-school youth. Centre for Higher Education Transformation, University of the Western Cape. [ Links ] Creswell, J.W. 2009. Research design: qualitative, quantitative, and mixed methods approaches. 3rd edition. Los Angeles: Sage. [ Links ] Crittenden, J. 2008. 'Civic education', in E.N. Zalta (ed.). The Stanford Encyclopedia of Philosophy. Winter 2008 edition. http://plato.stanford.edu/archives/wom2008/entries/civic-edu [21 Junie 2012]. [ Links ] Denscombe, M. 1998. The good research guide for small scale social research projects. Philadelphia: Open University Press. [ Links ] Departement van Basiese Onderwys (DBO). 1997. Witskrif op hoër onderwys 1997. Pretoria: Staatsdrukker. [ Links ] Departement van Basiese Onderwys (DBO). 2010. Mediaverklaring ten opsigte van matriekuitslae van 2009. 7 Januarie. [ Links ] Die Bybel. 1983. Nuwe vertaling. Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika: Goodwood, Kaapstad. [ Links ] Eloff, T. 2007. Nuwe idees, nuwe dinge. In J. Fourie (red.). Uniwrsityt, wat jy moet weet. Stellenbosch: Gabbema,pp. 11-18. [ Links ] Essack, Z. & Quale, M. 2007. Students' perceptions of a university access (bridging) programme for social science, commerce and humanities. Perspectives in Education, 25(1):71-84. [ Links ] Fourie, M. 2009a. Uitdagings rondom die beheer en bestuur van Suid-Afrikaanse universiteite. Referaat aangebied by die jaarvergadering van die konvokasie van die US. 10 Desember, Stellenbosch. [ Links ] Fourie, M. 2009b. Nuwe taalmodel is akademies verantwoordbaar. Matieland, Somer: 11-14. [ Links ] Freire, P. 1970. Pedagogy of the oppressed. New York: Continuum. [ Links ] Freire, P. 1992. Pedagogy of hope: Reliving pedagogy of the oppressed. New York: Continuum. [ Links ] Fricke, I., Horack, E., Meyer, L. & Van Lingen, N. 2008. Lessons from a mathematics and science intervention programme in Tshwane township schools. South African Journal ofHigher Education, 22(1):64-77. [ Links ] Geber, H. 2009. Research success and structured support: developing early career academics in higher education. South African Journal ofHigher Education, 23(4):674-689. [ Links ] Giliomee, H., Heese, C. & Schlemmer, L. 2005. Strategiese voorstelle vir langtermyn oplossings vir die Afrikaanstalige onderwys. http://vryeafrikaan.co.za/docs/giliomee/onderwysverslag. [2 Junie 2012]. [ Links ] Haitbottle, M. 2007. Effective study skills. In M. Swart & M. Haitbottle (eds). Introductory communication. Cape Town: Nasou-ViaAfrika, pp. 42-101. [ Links ] Handy, E.W. 2003. Why do students fail? http://academic.udayton.edu/legaled/barpass/Other/resource. [11 Maart 2009]. [ Links ] Hanekom, B. 2009. Ontwikkel die leier in jou kind. Wellington: Lux Verbi. [ Links ] Jansen, J. 2009. Knowledge in the blood: confronting race and the Apartheid past. Stanford: Stanford University Press. [ Links ] Johnson, W.B. 2007. On being a mentor: a guide for higher education faculty. Mahwah, NJ: Lawrence Erlbaum. [ Links ] Kanjee, A. & Chudgar, A. 2009. Accuracy of the poverty quintile system for classifying South African schools. Paper presented at the 2nd Monitoring Colloquium, Gauteng Department of Education. 20 November, Sandton. [ Links ] Kim, B. 2001. Social constructivism. In M. Orey (ed.). Emerging perspectives on learning, teaching, and technology. http://www.coe.uga.edu/epltt/SocialConstructivism.htm [23 Maart 2005]. [ Links ] Koopman, N. 2007. Die universiteit - 'n plek van diversiteit. In J. Fourie (red.). Uniwrsityt, wat jy moet weet. Stellenbosch: Gabbema, pp. 127-142. [ Links ] Landman, R. 2007. Visvang en dans: 'n kwessie van balans. In J. Fourie (red.). Uniwrsityt, watjy moet weet. Stellenbosch: Gabbema, pp. 43-54. [ Links ] Le Cordeur, M. 2001. Dynamic life orientation. Cape Town: Kagiso Education. [ Links ] Mavusa, M. 2007. Mentoring as a knowledge management tool in organisations. M.Phil-thesis. Stellenbosch: Stellenbosch University. [ Links ] Ndlovu, M.C. 2011. Re-envisioning the scholarship of engagement: lessons from a university-school partnership project for mathematics and science teaching. South African Journal of Higher Education, 27(7):1397-1415. [ Links ] Rademeyer, A. 2009. "Tydbom" bedreig SA se jonges. Die Burger, 22 Desember:1. [ Links ] Ramphele, M. 2008. Laying ghosts to rest. Dilemmas of the transformation in South Africa. Cape Town: Tafelberg. [ Links ] Soudien, C. 2010. Some issues in affirmative action in higher education in South Africa. South African Journal of Higher Education, 24(2):224-237. [ Links ] Steinmann, N. 2006. Fundamentals for effective mentoring: raising giant killers. Randburg: Knowres. [ Links ] Steytler, J.P.D. & Strydom, H. 2010. Die profiel van die volwasse man as mentor vir adolessente seuns aan die Weskus. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 50(4):559-572. [ Links ] Taylor, A.S. & Bressler, J. 2000. Mentoring across generations: partnerships for positive youth development. New York: Kluwer Academic/Plenum. [ Links ] Thorkildsen R. &. Stein, M.R.S. 1996. Fundamental characteristics of successful university-school partnerships. The School Community Journal, 6(2):79-92. [ Links ] Van den Berg, S. 2008. Taalverskuiwing en Afrikaans - 'n Ontleding van sensusdata. Stellenbosch: Universiteit Stellenbosch. [ Links ] Van de Rheede, C.O. 2009. Impakstudie oor die werksaamhede van die Rachel's Angels Trust. Verslag gelewer aan RA-trustees. 6 November, Stellenbosch. [ Links ] Welty, L.J. 1989. Side by side: mentoring guide for congregation youth ministry. Newton: Faith and Life Press. [ Links ] Woolfolk A. 2010. Educational Psychology. 11th edition. Upper Saddle River,NJ: Pearson Education. [ Links ] Zuber-Skerritt, O. 1992. Professional development in higher education: a theoretical frameworkfor action research. London: Kogan Page. [ Links ] Michael le Cordeur is hoof van die BEd-program aan die Fakulteit Opvoedkunde van die Universiteit Stellenbosch waar hy Afrikaansonderwys doseer. Hy is die skrywer van verskeie skoolhandboeke en was voorheen taalonderwyser, skoolhoof, en kringbestuurder van Onderwys in Stellenbosch. Hy promoveer met 'n doktorsgraad aan die Universiteit Stellenbosch (2004) en behaal grade van die Universiteit van Wes-Kaapland en UNISA en verwerf ook 'n bestuurskwalifikasie aan die Nagraadse Bestuurskool van die Universiteit Stellenbosch. Sy navorsing en publikasies handel oor die verbetering van leerders se lees-en skryfvermoë met behulp van inligtingstegnologie, taalbeleide en moedertaalonderrig. Dr le Cordeur dien vir twee termyne as voorsitter van die Wes-Kaapse Taalkomitee, is die voorsitter van die Afrikaanse Taalraad asook die Breytenbach Sentrum, en ondervoorsitter van die Afrikaanse Taalmuseum en die Media24 Rachel's Angels Bemagtigingstrust. Hy ontvang verskeie toekennings, o.a. 'n ministeriële toekenning vir die bevordering van veeltaligheid (2012), 'n rektorstoekenning vir uitnemende diens (2011), 'n erepenning van die SA Akademie vir sy bydrae tot onderwys (2008) en 'n premierstoekenning vir gemeenskapsbetrokkenheid (1997). Michael le Cordeur is head of the BEd-programme in the Faculty of Education at Stellenbosch University where he is teaching Afrikaans Education. He is the author of various textbooks and a former language teacher, school principal and circuit manager of Education. He obtained his doctorate at Stellenbosch University (2004); he holds degrees from the University of the Western Cape, UNISA and a senior management qualification from Stellenbosch University's Graduate School of Business. His research and publications deal with learners' reading and writing skills, mother tongue education and language policies. Dr Le Cordeur has served the community in various leadership positions: he chaired the Western Cape Language Committee for two terms and is currently chairing the Afrikaans Language Board and the Breytenbach Centre. He also serves as deputy chair of the Afrikaans Language Museum and the Rachel's Angels Trust. He received various awards: an honorary medal from the South African Academy for his contribution to education (2008), a ministerial award for the promotion of multilingualism (2012), a rector's award for outstanding achievement (2011), and a premier award for community service (1997). 1 Research was conducted by the Further Education and Training Institute (University of the Western Cape) and the CHET as well as the Southern Africa Labour and Development Research Unit (University of Cape Town). 2 Also called service learning. 3 Die woord "mentee" is nog nie in die WAT opgeneem nie maar is reeds elders in publikasies gebruik - vgl. Steytler en Strydom (2010). 4 Navorsing deur die Further Education and Training Institute (Universiteit van Wes-Kaapland ) en die Centre for Higher Education Transformation (CHET), asook die Southern Africa Labour and Development Research Unit (Universiteit van Kaapstad). 5 Volgens Essack en Quayle (2007:73) is die klassifisering van sosiale groepe volgens ras altyd problematies, en daar is weinig ooreenstemming in die literatuur na wie die term "swart" verwys. Vir die doel van hierdie artikel verwys "swart" na enige persoon wat voorheen benadeel is en aan ongelyke geleenthede onderwerp is, i.e. persone wat voorheen as "Afrikaan", "kleurling" en "Indiër" geklassifiseer is. 6 (www.thehopeproject.co.za) 7 Tensy anders vermeld is vertalings deur die outeur onderneem. 8 Kodes vir leerders (L), mentors (M) en shoolhoofde (S) word telkens na 'n aanhaling aangedui.
http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512012000300005&lng=en&nrm=iso
Meegaande gesprek het vroeg in Junie 2007 op SA Genealogie plaasgevind. op SA Genealogie plaasgevind. Karel Marais, Wenen, Oostenryk: Hoe hanteer ‘n mense twee bronne het wat geheel en al verskil? My instink is om die een wat ek vertrou, dis 'n MOOC, te gebruik. Dit het net name en swak spelling, maar dit behoort mos meer akkuraat te wees as enige ander bron, of hoe? Die ander een is op 'n aanlyn-genealogiese webwerf en gee name, geboortedatums en in sommige gevalle selfs gades en kinders. Aangesien die persoon al in 1829 dood is, raak dit 'n hele rits goed in my stamregister. Hoe gemaak met die klomp mense wat ek nou nie meer kan koppel nie? Bêre ek hulle nou maar in my "Onbekende” Marais"-lêer en soek tot ek hulle kan koppel? Alta Griffiths, Durbanville, Kaapstad: Sterftekennisse (SK) is nie altyd ‘n honderd persent korrek nie. My ondervinding is die volgende: - in baie gevalle word voorname omgedraai of verkort; - kinders se ouderdomme word geraai; - kindername word weggelaat; - 'n ma se nooiensvan word vergeet; - die name van die oorledene se ouers word vergeet. - die kennis van die individu wat die SK ingevul het; - as ‘n persoon ‘n SK vir die eerste keer invul, weet hulle soms nie regtig wat se inligting van hulle verwag word nie; - dikwels is hulle in emosionele pyn wat ek glo ook hulle antwoorde beïnvloed; - laastens vind ek dat faktore soos familie-onenighede, geheime of erfporsies ook die volledigheid van ‘n SK kan beïnvloed. Selfs as jy inligting van familielede gekry het, kan dit nie kwaad doen as jy dit slegs gebruik as 'n aanknopingspunt om jou navorsing op te baseer nie. Ek het 'n tante met drie sterfdatums -- een datum volgens die dogter, ‘n ander een volgens die grafsteen en 'n derde een op die SK. Herman Labuschagne, Johannesburg: Jou vraag is ’n goeie een vir selfs ervare navorsers. Ek hanteer konflikterende bronne op ’n minder algemene wyse. Ek beskou dit nie as my primêre taak om te besluit watter bron absoluut korrek is en watter een nie. Ek teken slegs getuienis op. Elke bron: Dit beteken dat ek gewoonlik elke bron se data opteken soos ek dit vind. As ek later regtig met sekerheid kan vasstel wat die waarheid is, dan pas ek dit dienooreenkomstig aan, maar dan voel ek ‘n mens moet ’n paragraaf skryf om te verklaar hoekom jy die een bo die ander verkies. Omdat ‘n mens gewoonlik werk met honderde mense wat jy maar net in die verbygaan opteken, voel ek ’n navorser het nie die tyd om te sit en rangordes uitwerk nie. Dit is waarom ek liewers elke bron se feit wil opteken en dit oorlaat aan spesialiste ná my om te besluit wat is korrek en wat nie. Datums: ’n Mens vind dikwels dat jy byvoorbeeld twee, drie of selfs vier verskillende geboortedatums vir dieselfde persoon ontdek, afhangende van die bronne waarmee jy werk. Sommige navorsers kies die datum wat vir hulle die oortuigendste lyk en ignoreer eenvoudig die ander. Sommiges kies ook die oortuigendste datum, maar bring iewers ’n nota aan wat melding maak van die konflikterende data. Ek respekteer elkeen se reg tot ’n eie metodiek, maar hierdie benadering maak nie vir my sin nie. Legacy: Ek gebruik die Legacy genealogiese program, wat jou toelaat om meer as een datum in die datumveld te plaas. So byvoorbeeld lyk my voorouer, Frans Labuschagne, se geboortedatum so: Bef 22 Oct 1752 or 6 April 1749. Ek weet baie navorsers hou nie hiervan nie, maar dit maak vir my meer sin. Legacy stel jou in staat om aan elke feit ’n bronverwysing en vertouenswaarde toe te ken. So kan jy dan spesifiseer waar die twee feite vandaan kom en aan watter een jy meer waarde heg. Ek erken dat die funksie nie so effektief werk as wat ek dit sou wou gehad het nie. Die probleem is dat hierdie soort datumvelde blykbaar ‘n probleem kan meebring as ‘n mens data deel tussen twee verskillende genealogiese programme of gedcoms. Ek het besluit om maar verlief hiermee te neem. Notas: Somtyds, as ek voel dat die datum meer verduideliking nodig het, voeg en dit eerder in die notaveld by. Die nadeel hiervan is net dat ek baie deel met ander navorsers. Dit is maar hoofsaaklik omdat die notavelde soms inligting bevat wat ek uit respek vir mense se privaatheid nie maklik deel nie. Op hierdie manier kan ander navorsers dus nie sien wanneer daar twyfel bestaan het oor ’n sekere feit nie. Spelling: Die ander algemene verskynsel is waar ’n persoon verskillende name of spelvorme het. Ek beskou dit as belangrik dat elke variasie van ’n persoon se naam opgeteken moet word. So bv. het my oor-oupagrootjie sy eie naam soms gespel as Isaac, Izak of Izaak Hermanus . Hy en andere het die van soms as gespel as: Labuschagne of Labuschagné of Labuschagnie of Labüschagnie. Ek teken eenvoudig al die variasies op. Deur dit te doen voel ek ‘n mens ontwikkel ook ’n mate van begrip vir die taal- en spelontwikkeling wat deur ons families se vormingsjare plaasgevind het. AKA of "also known as": Legacy het gelukkig ’n “AKA” of “also known as”-veld waar alternatiewe name, asook noemname en byname gevoeg kan word. Elke naam kan natuurlik aan ’n bepaalde bronverwysing gekoppel word sodat’n mens weet waar jy die feit vandaan gekry het. In verslae verskyn daar dus ’n lyntjie wat soos volg lees: “He was also known as Berend Labuschagne, Barend Labuschagne and Boet.” Weer eens ken ek navorsers wat glad nie daarvan hou om dit so te doen nie en wat volhou dat die AKA-name probleme veroorsaak met gedcoms. Dit mag wees. Vir my persoonlik voel dit net meer wetenskaplik om al die beskikbare feite op te teken en eers later op grond van die gewig van beskikbare getuienis te besluit watter een as primêr korrek beskou moet word. Plekname: Daar ontstaan egter ’n probleem wanneer meer as een plek vir ’n geboorte, doop of sterfte opgeteken moet word. Ek dink die meeste sagteware maak ’n meester-inskrywing van elke pleknaam wat ingevoer word. As mens dus ’n geboortedatum invul wat lees: “Cradock of Graaff-Reinet” dan beskou die program dit as ’n plek waarvan die naam in der waarheid “Cradock of Graaff-Reinet” is. Dit is seker nie ’n krisis nie. Dit voel net vir my slordig en uit die oogpunt van databasis-korrektheid verkeerd. Ek teken dit soms so aan, maar ek hoop die sagteware ontwikkel eendag sover dat dit verskillende plektoekennings op dieselfde manier as AKA name kan akkommodeer. Sover ek weet is daar min navorsers wat soos ek te werk gaan met die aanteken van alternatiewe feite. As daar ’n meer sinvolle metodiek is hoor ek graag daarvan.
http://www.westggsa.blogspot.com/2007/06/korrektheid-van-bronne.html
Advertensies (Klik op advertensie hoof of foto om te vergroot). Jammer daar is tans geen advertensies in hierdie kategorie nie. Met honderde besoekers elke dag, het ons jou besigheid hier nodig. Registreer en adverteer jou besigheid in hierdie uitgesoekte .co.za naam/kategorie. Kontak ons as jy 'n spesiale kategorie benodig.
http://www.1kyk.co.za/kategoriee/b/boetieks/gauteng/randburg
Getal 'n Getal is 'n aantal of hoeveelheid wat in 'n syfer (soos 1, 2, 3, ...), of 'n reeks daarvan, uitgedruk word. Getalle kan ook in woorde uitgedruk word, soos een, twee, drie, .... Getalle word gebruik om mee te tel en om somme mee uit te werk. Getalle kan ook vir ander doeleindes gebruik word, soos wanneer voorwerpe gemeet word. Wiskunde is 'n manier om getalle te gebruik om meer oor die wêreld te wete te kom en om nuwe goed mee te ontwerp. |Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit dievertaal.|
http://af.wikipedia.org/wiki/Getal
Ek bly op 'n hoek waar daar 'n drierigting-stopteken is. Dit is absoluut verstommend hoe motorbestuurders hierdie stopteken totaal ignoreer. Ek maak 'n punt daarvan om by elke stopteken te stop en by verskeie geleenthede het ander bestuurders byna van agter in my vasgery. Sommige word so kwaad omdat ek stop en wys dan middelvinger of sommer die hele vuis of maak gebare om my te wys hoe hulle my gaan foeter of steek my sommer verby op die stopteken. Dit is ongelukkig so dat ons in wetteloosheid verval het. Ek vertel myself dikwels dat as Jacob Humphreys maar net by die spooroorgang die padteken gehoorsaam het, het daardie 10 kinders dalk nog geleef. As die taxibestuurder net die padreels wou gehoorsaam, sou daar nie vandag 17 lyke uitgeken moes word nie... en so kan 'n mens aangaan. Niemand stop by hierdie stopteken voor my deur nie. Nie die taxibestuurder nie, ook nie die gewone bestuurder nie, nie eens die wetstoepassers nie en hier was al baie ongelukke. Ek wil dus 'n beroep op alle padgebruikers doen en by julle pleit: Kom ons gehoorsaam die padreëls en spaar so lewens. Kom ons raak weer trots daarop om onsself wetsgehoorsame burgers te noem en kom ons weerhou onsself om in dieselfde wetteloosheid te verval waaraan ons leiers so dikwels skuldig maak. Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur. Stuur jou nuusfoto's Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur. Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
http://afrikaans.news24.com/MyNuus24/Briewe/Gn-keer-aan-onverskillige-motoriste-20120724
Jan en Franz besef hulle het nie ordentlike reëlings getref vir die dag nie, en Daleen se werk ruk haar terug na realiteit. Delia probeer meer uitvind oor Malan, en Pippa probeer iemand weghou van Daleen. Hannah Rossouw daag op by Binneland Kliniek. © 2013 MultiChoice (PTY) LTD. All rights reserved.
http://kyknet.dstv.com/2012/09/18/binneland-17-september-2012-2/
2 Kronieke 18 18:1 En toe Jůsafat rykdom en eer in oorvloed gehad het, het hy hom verswaer met Agab. 18:2 En nŠ verloop van enkele jare het hy afgetrek na Agab, na SamarŪa, en Agab het vir hom en die manskappe wat by hom was, skape en beeste in menigte geslag en hom aangehits om teen Ramot in GŪlead op te trek. 18:3 Toe sÍ Agab, die koning van Israel, vir Jůsafat, die koning van Juda: Sal u met my saam na Ramot in GŪlead trek? En hy antwoord hom: Ek is soos u, en my volk soos u volk, en ons sal saam met u in die oorlog wees. 18:4 Verder het Jůsafat aan die koning van Israel gesÍ: Raadpleeg tog eers die woord van die HERE. 18:5 Toe laat die koning van Israel die profete, vier honderd man, bymekaarkom en sÍ vir hulle: Sal ons teen Ramot in GŪlead trek om te veg, of sal ek dit laat staan? En hulle antwoord: Trek op, en God sal dit in die hand van die koning gee. 18:6 Maar Jůsafat sÍ: Is hier nie nog 'n profeet van die HERE, dat ons deur hom kan raadpleeg nie? 18:7 En die koning van Israel antwoord Jůsafat: Daar is nog een man om die HERE deur hom te raadpleeg; maar ťk haat hom, want hy profeteer oor my niks goeds nie, maar altyd onheil; dit is Miga, die seun van Jimla. En Jůsafat sÍ: Die koning moet nie so spreek nie! 18:8 Daarop roep die koning van Israel 'n hofdienaar en sÍ: Gaan haal gou vir Miga, die seun van Jimla. 18:9 Onderwyl die koning van Israel en Jůsafat, die koning van Juda, elkeen op sy troon sit, beklee met koninklike klere, en hulle op 'n dorsvloer sit by die ingang van die poort van SamarŪa, en al die profete voor hulle profeteer, 18:10 het SedekŪa, die seun van Kenašna, vir hom ysterhorings gemaak en gesÍ: So spreek die HERE: Hiermee sal u die ArameŽrs stoot totdat hulle vernietig is. 18:11 En so het al die profete geprofeteer en gesÍ: Trek op na Ramot in GŪlead en u sal voorspoedig wees, en die HERE sal dit in die hand van die koning gee. 18:12 Toe sÍ die boodskapper wat gegaan het om Miga te roep, vir hom dŪt: Kyk, die woorde van die profete is uit een mond goed vir die koning: laat jou woord nou tog wees soos die van een van hulle, en spreek goeie dinge. 18:13 Maar Miga sÍ: So waar as die HERE leef, wat God my sal sÍ, dit sal ek spreek! 18:14 Toe hy by die koning kom, sÍ die koning vir hom: Miga, sal ons na Ramot in GŪlead trek om te veg, of sal ek dit laat staan? En hy antwoord: Trek op, en u sal voorspoedig wees, en hulle sal in julle hand gegee word. 18:15 En die koning sÍ vir hom: Hoeveel maal moet ek jou besweer dat jy niks as die waarheid in die Naam van die HERE tot my moet spreek nie? 18:16 Daarop antwoord hy: Ek het die hele Israel gesien, verstrooid op die berge soos skape wat geen wagter het nie. En die HERE het gesÍ: Hulle het geen heer nie; laat hulle elkeen in vrede teruggaan na sy huis. 18:17 Toe sÍ die koning van Israel vir Jůsafat: Het ek u nie gesÍ hy profeteer oor my niks goeds nie, maar onheil? 18:18 Verder sÍ hy: Daarom, hoor die woord van die HERE: Ek het die HERE sien sit op sy troon, terwyl al die hemelse leŽrskare aan sy regter-- en sy linkerhand staan. 18:19 En die HERE het gesÍ: Wie sal Agab, die koning van Israel, oorhaal, dat hy kan optrek en val by Ramot in GŪlead? En die een het so gesÍ, en die ander weer so. 18:20 Toe kom die gees vorentoe en gaan voor die aangesig van die HERE staan en sÍ: Ek sal hom oorhaal. En die HERE vra hom: Waarmee? 18:21 En hy sÍ: Ek sal uitgaan en 'n leuengees word in die mond van al sy profete. En Hy sÍ: Jy sal oorhaal, ja, jy sal ook oorwin; gaan uit en doen so. 18:22 En nou, kyk, die HERE het 'n leuengees in die mond van hierdie profete van u gegee, terwyl die HERE tog onheil oor u gespreek het. 18:23 Daarop kom SedekŪa, die seun van Kenašna, nader en hy slaan Miga op die kakebeen en sÍ: Langs watter weg het die Gees van die HERE van my af weggegaan om met jou te spreek? 18:24 En Miga antwoord: Kyk, jy sal dit sien op dieselfde dag as jy van kamer tot kamer sal gaan om jou weg te steek. 18:25 Maar die koning van Israel sÍ: Neem Miga en bring hom terug by Amon, die owerste van die stad, en by Joas, die seun van die koning. 18:26 En julle moet sÍ: So spreek die koning: Sit hierdie man in die gevangenis en spysig hom met brood van verdrukking en water van verdrukking totdat ek behoue tuiskom. 18:27 Daarop sÍ Miga: As u ooit behoue tuiskom, dan het die HERE nie deur my gespreek nie. Verder sÍ hy: Volke, luister almal saam! 18:28 En die koning van Israel en Jůsafat, die koning van Juda, het opgetrek na Ramot in GŪlead. 18:29 En die koning van Israel het aan Jůsafat gesÍ: Ek sal my onkenbaar maak en in die geveg kom; trek u maar u eie klere aan. So het die koning van Israel hom dan onkenbaar gemaak, en hulle het in die geveg gegaan. 18:30 En die koning van Aram het die owerstes van sy strydwaens bevel gegee en gesÍ: Julle moet nie klein of groot beveg nie, net die koning van Israel alleen. 18:31 En sodra die owerstes van die waens Jůsafat sien, sÍ hulle: Dit is die koning van Israel! En hulle het hom omsingel om te veg; maar Jůsafat het geskreeu, en die HERE het hom gehelp, en God het hulle van hom af weggelok. 18:32 En toe die owerstes van die waens sien dat dit nie die koning van Israel was nie, draai hulle agter hom weg. 18:33 Toe het 'n man in sy eenvoudigheid die boog gespan en die koning van Israel getref tussen die aanhegsels en die pantser. Daarop sÍ hy aan die drywer: Ruk om en bring my uit die leŽr uit, want ek is gewond. 18:34 En die geveg het diť dag toegeneem, terwyl die koning hom staande hou in die strydwa teenoor die ArameŽrs tot die aand toe; maar teen sononder het hy gesterwe.
http://www.spiritcommunity.com/bibles/Afrikaans/14_018.php
Bobby Brown agter tralies na hy wéér dronk bestuur 2013-02-27 09:31 Los Angeles – Die sanger Bobby Brown is tot 55 dae tronkstraf gevonnis ná hy op ‘n aanklag van dronkbestuur skuldig bevind is. Frank Mateljan, ‘n woordvoerder vir die staat, het gesê Brown is Dinsdag gevonnis ná hy in Oktober aangekeer is omdat hy onder die invloed van drank bestuur het met ‘n opgeskorte lisensie. Brown was tydens sy inhegtenisneming op voorwaardelike vrylating ná ‘n ander dronkbestuur-oortreding. Die 44-jarige sanger moet op 20 Maart by die tronk aanmeld. Hy moet ook 18 maande lank 'n program vir alkoholiste bywoon. Brown was vir 14 jaar getroud met wyle Whitney Houston. – Volg Nuus24 op Twitter - Sapa - AP
http://afrikaans.news24.com/Vermaak/Nuus/Bobby-Brown-agter-tralies-na-hy-weer-dronk-bestuur-20130227
TuS Koblenz |Volledige naam||Turn- und Spielvereinigung Koblenz 1911 e.V. |Bynaam| |Stigtingsdatum||1 Augustus 1911| |Tuisveld||Stadion Oberwerth, Koblenz |Kapasiteit||17 000| |Kompetisie||Bundesliga 2| FC Deutschland is in 1917 ontbind en in 1919 heropgerig as FV 1911 Neuendorf. In 1934 het die klub met TV 1864 Neuendorf saamgesmelt en het verder as TuS Neuendorf bekendgestaan. Die klub het verskeie jare in die Gauliga (streek Moselland) gespeel, destyds die Duitse eerste klas. In 1943 en 1944 het die span hulle Gauliga gewen en in die uitspeelwedstryde om die nasionale titel deelgeneem, maar is vroeg uitgeskakel. Soos die Tweede Wêreldoorlog gevorder het, het die skedule van die Gauliga Moselland progressief korter geword totdat dit heeltemal in duie gestort het en die 1944/45-seisoen gekanselleer is. Na die Tweede Wêreldoorlog is die span opgehef en later weer opgerig as SpVgg Neuendorf. Twee jaar later verander die klub sy naam weer in TuS. In 1948 haal die span weer die nasionale uitspeelwedstryde om die Duitse titel deur derde in die Oberliga Suidwes te eindig. 1. FC Saarbrücken het tweede geëindig en moes eintlik deurgegaan het, maar Saarland was op daardie stadium deur Frankryk beset en het die Duitse spanne toegang tot nasionale kompetisies geweier. TuS het hierdie slag tot die halfeindstryd gevorder waar die span met 1-5 teen 1 FC Kaiserslautern verloor het. Onlangse ligaposisionering [wysig] Eksterne skakels [wysig] |3. Liga 2010/11-seisoen| Rooiwit Ahlen - SV Babelsberg 03 - 1. FC Heidenheim 1846 - FC Hansa Rostock - Kickers Offenbach - FC Rooiwit Erfurt - SpVgg Unterhaching - FC Bayern München II - SV Sandhausen - VfB Stuttgart II -
http://af.wikipedia.org/wiki/TuS_Koblenz
Brits-skietery: 2 vasgetrek 2013-01-14 08:19 Johannesburg – Twee verdagtes is die naweek in hegtenis geneem ná ‘n tiener op Oujaarsaand in Brits geskiet is, het die polisie in die Noordwes gesê. Brig. Thulani Ngubane sê die aangekeerdes is moontlik van Zimbabwe. Hy sê die 16-jarige seun en drie van sy vriende is op 31 Desember deur drie rowers oorval. Die mans wou die seuns se geld en selfone hê. Hulle het die jeugdige in die rug geskiet en weggehardloop toe die tieners net een foon aan hulle oorhandig het. Volg Nuus24 op Twitter - SAPA
http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/Brits-skietery-2-vasgetrek-20130114
Jansenville-moord: SAPD het 'vinnig opgetree' 2012-08-15 21:02 Johannesburg – Die inhegtenisneming van vyf mense ná die moord op ‘n bejaarde boer van Jansenville, is gerusstellend, het Helen Sauls-August, Oos-Kaapse LUR vir veiligheid, gesê. “Hierdie vinnige optrede sal die publiek se vertroue en die SA Polisiediens herstel,” het sy in ‘n verklaring gesê. “Ons was geskok om van hierdie brutale, onmenslike moord op ‘n bejaarde te hoor... Dit is teleurstellend dat ons jongmense hierdie aan een van hul eie bejaardes kon doen...” Owen Charles (70) is Sondag op sy plaas doodgesteek. Sy vrou het kritieke beserings in die aanval opgedoen. Die polisie het vroeër gesê ‘n vrou en vier seuns is ná ‘n skietery en wilde jaagtog in Knysna, in die Wes-Kaap, in hegtenis geneem. Kapt. Malcolm Pojie sê die polisie het vier seuns – tussen die ouderdomme van 12 en 17 – asook ‘n 22-jarige vrou in die Plettenbergbaai-gebied aangekeer. Volg Nuus24 op Twitter - SAPA
http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/Jansenville-moord-SAPD-het-vinnig-opgetree-20120815
Nero |Nero| |5de Keiser van die Romeinse Ryk| |Regeer||13 Oktober 54 - 9 Junie 68 (vir 13 jare en 240 dae)| |Volle naam||Nero Claudius Caesar Augustus Germanicus| |Gebore||15 Desember 37; Antium, Italië| |Oorlede||9 Junie 68; buite Rome, Romeinse Ryk (op 30)| |Begrawe||Mausoleum van Domitii Ahenobarbi, Rome| |Voorganger||Claudius| |Opvolger||Galba| |Adellike huis||Julio-Claudiese dinastie| |Vader||Gnaeus Domitius Ahenobarbus| |Moeder||Agrippina die jongere| |Eggenote||Claudia Octavia Poppaea Sabina Statilia Messalina |Kinders||Claudia Augusta| Nero Claudius Caesar Augustus Germanicus[1] (15 Desember 37 n.C. – 9 Junie 68 n.C.[2]), gebore Lucius Domitius Ahenobarbus, en algemeen bekend as Nero, was die vyfde Romeinse Keiser van 54 tot 68. Hy was die laaste keiser van die Julio-Claudiese dinastie. Nero is aangeneem deur sy grootoom Claudius[3] om sy erfgenaam en opvolger te word. Hy het die bewind aanvaar in 54, met die afsterwe van Claudius. Tydens sy regering het Nero heelwat van sy aandag gefokus op diplomasie, handel en toevoegings tot die kulturele kapitaal van die ryk. Hy het die aanbou van teaters gelas en atletiekspele bevorder. Tydens sy bewind het die gedugte generaal Corbulo ‘n suksesvolle oorlog gevoer en vrede beding met die Arsakideryk (vroeë Parthers). Sy generaal Suetonius Paulinus het ‘n opstand in Britannië ondergesit. Verder het hy die Bosporus-koninkryk by die ryk geannekseer, en die Eerste Romeins-Joodse oorlog het begin. In 64 is die oorgrote deel van Rome vernietig in die Groot brand van Rome. In 68 het die opstand van Vindex in Gallië, en die latere uitroeping tot keiser van Galba in Hispanië, Nero uit die kussings gelig. In die aangesig van ‘n sluipmoord of terregstelling, het hy op 9 Junie 68 selfmoord gepleeg.[4] Nero se bewind word dikwels verbind met tirannie en uitspattigheid.[5] Hy is bekend vir ‘n aantal terregstellings, insluitend die van sy ma[6] en die waarskynlike moord deur vergiftiging van sy stiefbroer, Britannicus. Hy is ook berug as die keiser wat sou "vioolspeel terwyl Rome gebrand het",[7] en as ‘n vroeë vervolger van Christene. Hy is bekend daarvoor dat hy gevange Christene in sy tuin verbrand het vir nagtelike beligting. Hierdie siening berus op die geskrifte van Tacitus, Suetonius en Cassius Dio, die vernaamste behoue bronne vir Nero se bewind. Min ekstante bronne vermeld Nero in ‘n positiewe lig.[8] Sekere bronne egter, insluitend sekere van die bogenoemdes, beeld hom uit as ‘n keiser wat gewild was onder die gewone Romeinse mense, veral in die Ooste.[9] Die bestudering van Nero is problematies aangesien sekere moderne historici die betroubaarheid van antieke bronne bevraagteken wanneer oor Nero se tiranniese handelinge berig word.[10] Verwysings [wysig] - Ook genoem 'Nero Claudius Caesar Drusus Germanicus - Nero se geboortedag word gelys in Suetonius, Die Lewens van die Twaalf Keisers, Lewe van Nero 6. Sy sterfdag is egter onseker, miskien omdat Galba as keiser uitgeroep is voor Nero se oorlye. ‘n Datum van 9 Junie word in Hiëronimus se Kroniek verskaf, wat Nero se bewindstermyn aandui as 13 jaar, 7 maande en 28 dae. Cassius Dio, Romeinse Geskiedenis LXII.3 en Josephus, Oorlog van die Jode IV, sê dat Nero se bewind 13 jaar en 8 maande geduur het, wat dui op 11 Junie. - Broer van sy oupa Germanicus - Suetonius berig dat Nero selfmoord gepleeg het in: Suetonius, Die Lewens van die Twaalf Ceasars, Lewe van Nero 49; Sulpicius Severus, wat moontlik Tacitus se verlore fragmente as bron benut het, berig oor ‘n onsekerheid of Nero selfmoord gepleeg het, Sulpicius Severus, Chronica II.29, sien ook T.D. Barnes, "The Fragments of Tacitus' Histories", Classical Philology (1977), p. 228. - Galba het Nero se luxuria gekritiseer, beide wat sy publieke en private oormatige uitgawes aanbetref, tydens die opstand, Tacitus, Annale I.16; Kragelund, Patrick, "Nero's Luxuria, in Tacitus and in the Octavia", The Classical Quarterly, 2000, pp. 494–515. - Verwysings na Nero se moedersmoord word gevind in die Sibillynse Orakels 5.490–520, in The Monk's Tale van Geoffrey Chaucer se Canterbury Tales, en William Shakespeare se Hamlet 3.ii. - Nero was nie ‘n violis nie, maar ‘n lierspeler (die viool sou nie vir minstens ‘n verdere vyftien honderd jaar uitgevind word nie). Suetonius meld dat Nero die lier bespeel het terwyl Rome gebrand het, sien Suetonius, Die Lewens van die Twaalf Keisers, Lewe van Nero 38; Vir ‘n gedetaileerde uiteensetting van hierdie oorgang, sien M.F. Gyles "Nero Fiddled while Rome Burned", The Classical Journal (1948), pp. 211–217 [1]. - Dit sluit in Lucan se Burgeroorlog, Seneca die jongere se Oor Barmhartigheid en Dion Chrysostomos se Besprekings benewens verskeie Romeinse munte en inskrifte. - Tacitus, Geskiednisse I.4, I.5, I.13, II.8; Suetonius, Die Lewens van die Twaalf Keisers, Lewe van Nero 57, Lewe van Otho 7, Lewe van Vitellius 11; Philostratus II, Die Lewe van Apollonius 5.41; Dion Chrysostomos, Bespreking XXI, Oor Skoonheid. - Rakende vuur en Christenvervolging, sien F.W. Clayton, "Tacitus and Christian Persecution", The Classical Quarterly, pp. 81–85; B.W. Henderson, Life and Principate of the Emperor Nero, p. 437; Omtrent algemene vooroordeel jeens Nero, sien Edward Champlin, Nero, Cambridge, MA: Harvard University Press, 2003, pp. 36–52 (ISBN 0-674-01192-9
http://af.wikipedia.org/wiki/Nero
Hos aan al die Kaapse Watkykertjies! Woensdag, 12 Desember gaan Rob Van Vuuren en Martin Evans jou broek aan die moederfokken brand steek met hoogs vlambare komedie, musiek en totale chaos. Die show sluit ook Franscois Van Coke, Arno Carstens, Conrad Koch en die PaigeMac band in. Hierdie show het die "Standard Bank Ovation Award for Comedy" by die National Arts Festival gewen vroeër die jaar. Na Arno Carstens en Francois van Coke elk so paar tunes gejol het, sal hulle die grapgatte op die couch join en so bietjie uitmekaar gehaal word. Conrad Koch en sy demented puppets sal ook sorg dat jy effens jou hol rek en hom dalk skeur. Entrance is R60 by die deur en R50 online deur www.webtickets.co.za. Maar hey, kom ons gee sommer vyf fokken double tickets weg vir die show! Dis mos amper Krismis, of hoe? Tune ons sommer net hieronder in die comments as jy die tickets soek. Ons sal die eerste vyf outjies elk 'n dubbel ticket in die klou stop wat dit Woensdagaand 12 Dec by Mercury Live in die Kaap kan bywoon. So fokken maklik soos dit! Laat waai, kwagga!
http://www.watkykjy.co.za/2012/12/pants-on-fire-by-mercury-live/
BKB se Core-Merino-klerereeks word deur plaaslike avonturiers, in uiterste omstandighede, op die proef gestel. Nou het jy alles gesien: ’n Teenvriesmiddel vir groente en ander gewasse is nou in Suid-Afrika beskikbaar! Boere in die land se meredistrik in Mpumalanga hoop dat dit teen November as ’n bewaringsgebied verklaar sal word. Jannie Willemse van Farmsecure Agri Science gee raad oor hoe om hoendermis te komposteer en vir watse tipes grond dit geskik is.
http://www.landbou.com/bedrywe/tegnologie/kaap-kry-dalk-vyf-windplase
Erken Siriese opposisie, vra Brittanje 2012-12-10 17:38 Brussel – William Hague, Brittanje se minister van buitelandse sake, het Maandag ander lande aangemoedig om die Siriese opposisiegroep wat deur Moaz al-Khatib gelei word, te erken. “Ons erken hulle en ons hoop dat ander lande ook so sal maak tydens die Friends of Syria-vergadering in Marrakesh,” het Hague gesê voor ‘n vergadering tussen die Europeses Unie se minister van buitelandse sake en al-Khatib in Brussel. Hague het bygevoeg dat die Europese Unie dalk die Siriese wapenverbod kan ophef om wapens aan die rebelle te verskaf, maar het ook gesê dat so ‘n stap baie sorgvuldige oorweeg sal word. – Volg Nuus24 op Twitter - Sapa-DPA
http://afrikaans.news24.com/Wereld/Nuus/Erken-Siriese-opposisie-vra-Brittanje-20121210
PHOTO & FILM EXPOTHE PHOTO & FILM EXPO in association with PiX Magazine is the largest PHOTOGRAPHIC EXPO on the continent, nowhere in Africa can you see all your favourite photographic brands under one roof... The 2011 event was a great success once again and feedback from visitors and exhibitors has been exceptional and 2012 is set to be the biggest event yet - the event is booked from the 18th to 21st October 2012 at the Coca-Cola Dome…See More "Shawn as ek so na die fotos kyk dan lyk dit byna of dit gladnie skerp is nie nie net die gesig wat die probleem is nie.My voorstel is gebruik n driepoot en kry vanaf die internet n lens toetskaart Af en toets eers jou lens vir skerpheid…" "Ek het presies dieselfde probleem. Om die hele rol weer af te haal en son toe te vat is nie eers 'n opsie nie. Die rol weeg seker 150kg!! Ek het wel probeer om 'n gas verwarmer in die studio aan te sit op maksimum hitte vir 'n…"
http://fotoskool.co.za/profile/JerryLeRoux
- Artikelopsies - Deel - Kry Rapport op Wiese geld word eintlik gesteel? 2012-08-19 00:19 Op Rapport se voorbladstorie oor die miljarde wat dr. Christo Wiese blykbaar die taksman skuld, kon die redelike persoon seker tereg ontsteld gereageer het. Iets soos: “Kan jy dit nou glo!” of “Hoe durf hy?” Veral as die redelike persoon ’n gewone belastingbetaler is wie se belastingbydrae van sy salaris afgetrek word, sonder dat hy selfs die kans het om iets daarvan te weerhou. My eerste onwillekeurige gedagte was egter dat Wiese in elk geval die geld beter as die regering sal bestee. Oor hierdie gedagte kan ek nie skuldig voel nie, want daar is tog ’n verskil tussen inherente moraliteit en die soort wat deur middel van wetgewing deur owerhede opgelê word. Ja, die Bybel en seker ook ander geloofsgeskrifte wat as gesaghebbend oor die moraliteit beskou word, sê dat jy die keiser moet gee wat hom toekom. En jy moet. Maar mens wonder wat “die keiser” gaan doen met die R2 miljard van Wiese se geld wat eersgenoemde blykbaar “toekom”. Want die totaal wat sedert die bewindsoorname van die ANC uit staatskoffers op vrugtelose en vermorste uitgawes verlore is, oorskry seker reeds R2 miljard. Om nie eens te praat van die vermorsing van belastinggeld wat heeltemal binne die raamwerk van die wet geskied nie. Terwyl Wiese se geld ten dele werk skep vir duisende Suid-Afrikaners, wat weer na hul gesinne omsien en self ook belasting betaal, is “die keiser” besig om vir homself ’n dorp op te rig in sy eie eer. Argitekte en boukontrakteurs wat werk aan pres. Jacob Zuma se miljardrand-diktatorskraal in Nkandla sal seker al betaling moet ontvang teen die tyd dat Wiese se vermeende belastingskuld begin inrol. Dus is die kruks van Wiese se storie nie werklik die skande wat die voorblad-plasing daarvan suggereer, of wat ’n mens in normale omstandighede dalk sou kon insien of aanvoel nie. Hy kan dalk nog sy beweerde aanspreeklikheid in hierdie verband met sukses betwis. Die kruks is dat Suid-Afrikaanse belastingbetalers, groot en klein, daarmee vir lief moet neem dat die enigste regeringsinstelling wat doeltreffend funksioneer die een is wat geld inwin vir die ander.
http://www.rapport.co.za/MyRapport/Briewe/Wiese-geld-word-eintlik-gesteel-20120817
Rihanna met R2,8 milj. beboet 2012-11-19 15:46 Londen – Rihanna is al met meer as Rihanna £200 000 (sowat R2,8 miljoen) beboet tydens haar 777-toer omdat sy gedurig laat is, het 'n plaaslike koerant berig. Die sangeres, wat sewe vertonings in sewe stede in sewe dae gaan doen – is beboet omdat sy nie behoorlik kan tydhou nie, en omdat sy ná vertonings partytjies bywoon, wat dan veroorsaak dat haar vlugte laat is. "Rihanna vat lank om op die verhoog te gaan en dit gooi die hele skedule uit. Dit is 'n reaksie op die feit dat elke sekonde van haar tyd belangrik is vir die organiseerders. Sy hou daarvan om in beheer te wees," het 'n bron aan The Sun gesê. "Haar span maak regdeur die nag frantiese oproepe aan die lughawens. Elke uur wat verbygaan moet sy betaal. Die toer gaan haar 'n fortuin kos." Rihanna se vlug vanaf Mexiko na Toronto, Kanada, is vier uur lank vertraag toe sy byna twee en 'n half uur later vir 'n vertoning op die verhoog gegaan het. Die 24-jarige sanger het Sondagaand in Berlyn, Duitsland, opgetree. Sy sal Maandagaand in Engeland optree en haar laaste vertoning is Dinsdag in New York. – Lees meer hier – Volg Nuus24 op Twitter
http://afrikaans.news24.com/Vermaak/Nuus/Rihanna-met-R28-milj-beboet-20121119
foto/s van spinnekop byte - sak spinnekopPosted on 24 May 2013 | No Comments Topic: Sak spinnekop (Read 44031 times) 0 . Sak spinnekoppe is aggressiewe aanvallers en die oorsaak van meeste spinnekop byte in SA. knopiespinnekop die groot ensiklopediese webwerf van . noem dit die swart weduwee of die jokkie-spinnekop of die swart wolf of die rooi rug. . N Á byte deur die Suid-Afrikaanse spesies is die volgende simptome . .. - www beeld comPosted on 24 May 2013 | No Comments We would like to show you a description here, but the site you’re looking at won't allow us. medisyne teen spinnekop byt 4x4 community forum My gevoel is ook maar om 'n dokter te gaan sien.Gaan kyk of ek vanmiddag 'n afspraak kan kry.Ek het altyd antisan op spinnekop byte gesit maar die keer lyk dit nie . .. - knopie spinnekop byt top search resultsPosted on 24 May 2013 | No Comments spinnekop byt merke spinnekop byt simptome spinnekop byte behandeling knopie spinnekop byt spinnekop byt spinnekop byte suid afrika vioolspinnekop byt spinnekop byt . vioolspinnekop word vir baie blameer welcome to pretoria east Die spinnekop gif is ’n protiën en breek . In 50% van die moontlike ernstige byte is die pasiente dan ook diabete en dan is dit ‘n mediese probleem eerder . .. try to find another resource with this criteria at foto/s van spinnekop byte
http://cempluk.info/tags/foto/s_van_spinnekop_byte
Homoseksualiteit en Godsdiens is onlosmaaklik Wim Griebenow Wim Griebenow bespreek Toby Johnson se: Toby Johnson betoog dat daar n inherente geestelike verligting potensieel met gay-wees gepaardgaan, n verstaan van die werklike betekenis en boodskap van godsdiens. Nie alle gays besef dit nie, maar omdat ons die wÍreld met die perspektief van n buitestaander sien en daarmee worstel, kan ons begryp waaroor godsdiens in die breŽr prentjie gaan. Ons wyer siening van seksualiteit stel ons in staat om ander te help om die ware boodskap van religie te verstaan. Ook is die feit van ons daar-wees reeds n toetssteen vir godsdienstige mense oor die ware boodskap van hulle geloof. Indien hulle ons verwerp, faal hulle om hulle eie kerngebod van liefde teenoor almal uit te leef. Tradisionele populÍre godsdiens maak nie meer sin nie en help mense nie meer om die moderne realiteite te hanteer nie. Dit funksioneer vanuit n premoderne wÍreldbeeld, en die mites waarop dit gebou is, spreek nie die moderne bewussyn, oorbevolking, besoedeling, ekologie, wapens van massavernietiging, ruimtereise, demokrasie en seksuele oriŽntasie aan nie. Homoseksualiteit is onlosmaaklik met godsdiens verweef. Die primÍre beswaar teen gays in hoofstroom Amerika bly godsdienstige tradisies. Maar daarteenoor beliggaam baie gays juis die kenmerke van sensitiwiteit en liefdevolle sagtheid, wat godsdiens juis predik. Gays is meestal goeie mense en morele voorbeelde vir die samelewing. Die konflik tussen kerkdogma en die werklikheid van gay-wees skep dan n geestelike krisis wat gays tot n herevaluasie van die waarde van godsdiens dryf. Sommige verwerp alle spiritualiteit vanweŽ hierdie blindheid van konvensionele godsdiens, maar ander aanvaar die visie en liefde vir die lewe wat gayspiritualiteit bring dit verruim ons perspektief en maak ons sensitief vir hoop, skoonheid en vitaliteit. Johnson verduidelik en brei uit op n reeks insigte wat natuurlik voortvloei uit hierdie moderne gayperspektief. Wanneer ons besef dat die samelewing verkeerd kan wees oor iets so basies soos seks, dan kan hulle waarskynlik verkeerd wees oor baie ander sake ook. Daarom kan ons deur die tradisionele godsdienstige metafore en mites sien en die betekenisse waarop dit dui, snap. Johnson toon aan dat gayspiritualiteit ervaar word van n buitestaander-perspektief, dat dit niedualisties is, dat dit liggaamsvriendelik is (sekspositief en nie wÍreldvreemd nie), dat dit ewolusionÍr is, dat dit nuwe eksistensiŽle insigte ontlok, dat dit transformatief is en ook deugsaam aanpasbaar. Op praktiese wyse gee Johnson voorbeelde en lig die implikasies daarvan toe. Belangrik in spiritualiteit is nie om die regte idees en leerstellinge te hÍ nie, maar om n liefdevolle persoon te wees. Hoe ons optree en nie wat ons glo nie, is wat tel. Jesus se leringe is verberg onder die kultus van sy persoon wat nŠ sy dood deur sy volgelinge versprei is. Hulle het metafore ontwikkel oor wie Hy was om die belangrikheid van sy boodskap te beklemtoon en gesag aan sy boodskap te gee. Maar die metafore is ouderwets en het in die pad van die boodskap gekom. Jesus sou waarskynlik geskok gewees het dat sy nalatenskap n godsdiens geword het wat hom as god verkondig eerder as n wÍreld waar almal sy leringe volg en mekaar op gelyke voet lief het. Jesus se ommekeer van die klassehiŽrargie van die patriargale, Farisese JudaÔsme vind steeds weerklank in die wenke hoe ons vandag moet leef. Maar ons het nie nodig om aan n kerk te behoort, of die pous aan te hang, of te sÍ dat Jesus die seun van God is, om die wysheid van die boodskap uit te leef nie. Die credo dat Jesus God is, beteken eintlik dat B(b)ewussyn in elke mens vleesgeword het: in elkeen van ons is daar n vonk van die goddelike. Jesus is God beteken God is in die vlees. Dit gaan nie oor die historiese persoon Jesus van Nasaret nie, dit gaan oor bewussyn hier en nou. Jesus se lering oor liefde maak sin as ons begryp dat ons almal een is, almal selle van Gaia (die aarde), almal organe in die mistieke liggaam. Dit is n mistieke beeld, maar het niks te doen met religie of instellings nie. Christus simboliseer die lewenskrag van die planeet, die web van die lewe, die uitgebreide ekologiese sisteem van die aarde wat sy mistieke liggaam is. Ons het elkeen n rol te speel in die ewolusionÍre groei van die mensheid, wat ook die transformasie van godsdiens insluit. Die negatiewe idees oor die liggaam, seks, strafgerigte en lewensversmorende dogmas moet in die verlede saam met heksevervolging en goedkeuring van slawerny agtergelaat word. Johnson werk nie net vanuit een bepaalde godsdiensrigting nie, maar integreer insigte van verskeie godsdienste en bring n sintese veral tussen die Boeddhisme en die Christendom se aannames. Die boek begin met die vraag: Waarom praat van n gay-spiritualiteit? Die antwoord is dat gay mense op die voorpunt van n bewussynsverandering in die wÍreld is. Ons neem deel daaraan om die planeet wakker te maak en te stimuleer tot groei deur te wys op belangrike geestelike, sielkundige en ekologiese sake. Ons toets religie en help om God te herdefinieer. Ons staan op die muur van die wÍreld van waar ons buitestaanderperspektief ons gidse maak, morele leiers, spreekbuise en instrumente van liefde, en so voorbeelde vir die immer ontvouende wÍreld en mensheid. So bring n gayspiritualiteit sin, rigting en betekenis in ons verhoudinge en ons elke dag se bestaan. Biografiese inligting Edwin Clark (Toby) Johnson is n voormalige Katolieke monnik en n vergelykendegodsdiens-wetenskaplike en psigoterapeut. Hy het sy opleiding as psigoterapeut in San Francisco ontvang in die tyd toe gay-georiŽnteerde psigoterapie begin ontwikkel het, en hy het daarna praktyke in San Francisco en San Antonio gehad. Wim Griebenow Ek het in 1966 die eerste lewenslig aanskou. Het grootgeword op Carolina in die ou Oos-Transvaal, teologie studeer eers op Tukkies en toe by die Kweekskool op Stellenbosch (hoewel ek nooit in die NG kerk gewerk het nie) en n honneurs in Semitiese tale gedoen. Daarna was ek by sendingwerk in Europa en Egipte betrokke, het deelgeneem aan n beradingsbediening in die Oos-Kaap, en uit die kas gekom (wat n bevryding!), en toe predikant geword van n gaygemeente in Durban, The Reforming Church. Sedert 1999 het ek skoolgehou: eers Engels in Taiwan gegee en toe as opvoedkundige instrukteur by n buitelewe-sentrum in die Drakensberge wat deur skooltoergroepe besoek word. Ek is hopeloos verslaaf aan boeke, en het nog van altyd af n belangstelling in spiritualiteit en die sin van alles gehad. Jy kan jou reaksie stuur aan firstname.lastname@example.org © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
http://www.oulitnet.co.za/gay/griebenow.asp
My seuns is vandag oud en getroud, 27 en 30. Hulle is nou wel seuns, maar ons het hulle omtrent nooit laat uitslaap nie. Die kere wat dit gebeur het, kan ek op een hand tel en na ’n lang bespreking tussen hulle en ons, was ons eens dat dit nooit weer sou gebeur nie. Hulle kon maats by ons huis ontvang en dan is die kampeertent opgeslaan en kon hulle laat op bly en in die Lapa rekenaarspeletjies speel, snoeker speel of veerpyltjies (natuurlik onder ons wakende oog). Vandag is hulle mans wat hou van hul eie privaatheid en beddens. Hulle en hul vroue hou nie daarvan dat vriende by hulle oornag nie en hulle laat dit glad nie toe nie. Dis snaaks hoe selfs groot mense sal kuier en oornag sonder dat hulle die nodige eie toiletgeriewe (tandeborsel, waslap, skoon onderklere ens.) byderhand het nie. Ek glo dat ’n mens nie ’n kind in ’n kokon moet grootmaak nie, maar sekere gewoontes soos oorslaap by maatjies kan meer sleg as goed doen. My kinders het elke jaar op rugbykampe en skoolkampe gegaan, maar by ander oorslaap, jammer, hulle tel maniere, en gewoontes daar op wat nie strook met ons opvoeding vir hulle nie. Ek is al baie veroordeel oor my gevoel oor kinders wat oorslaap. Onlangs het een van ons famililede se 15-jarige dogter ’n noue ontkoming gehad met so ’n oorgeslapery. En toe die ouers ons mening vra, en ons sê n kind slaap in sy/ haar eie bed, se hulle toe dis darem te streng. Ons antwoord was dat hulle dan maar self die probleme wat die uitslapery veroorsaak moet hanteer. My seuns kon by ouma en oupa en by hul nefies oorslaap, en dis waar oorslaap eindig. En selfs dit was per uitsondering. Ek is vas oortuig dis ’n "onding" en na vele stories deur verskeie mense, dat oorslaap menige hartseer veroorsaak het, glo ek dis beter om dit glad nie toe te laat nie. Selfs in my familie was daar al ’n paar rillers. Ek glo daar is uitsonderings, en as ek nie ’n persoonlike verhouding met my kinders se vriende se ouers het nie, was hulle glad nie toegelaat om oor te slaap nie. Die twee keer wat dit wel gebeur het, is omdat ons huisvriende is. Selfs toe het my vriendin gesê dis verbasend hoe vinnig mense hulle kinders aflaai en vir twee tot drie dae glad nie worry oor hulle nie. Vandag is my seuns baie dankbaar dat ons hulle streng waardes geleer het en hulle sê hulle sal dieselfde reëls op hul kinders toepas. Vandag kan ’n mens nie meer ander mense met jou jong kinders vertrou nie. In werklikheid kon ’n mens nog nooit nie. Ek weet, ek het eenmaal uitgeslaap, toe die oom aan my gevat het, ek het my lam geskrik en wou net huistoe gaan. Ek het my ouers nie vertel nie omdat ek bang was ek sou my vriendin verloor. Die oom was ’n goeie Christen en ouderling in sy kerk, voorbeeldige mense. Ek het nooit weer my ouers gevra om uit te slaap nie. Word gepubliseer op MyNuus24 deur jou storie, brief of rubriek aan ons te stuur. Stuur jou nuusfoto's Neem kennis: Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van die Nuus24-gemeenskap. Die sienings van gebruikers wat op Nuus24 gepubliseer word verteenwoordig dus dié van die individue self, en is nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou ook die reg voor om enige kommentaar wat ontvang word te redigeer of af te keur. Alle artikels en briewe wat op MyNuus24 gepubliseer word is geskryf deur onafhanklike lede van Nuus24 se gebruikersgemeenskap. Die opinies van lesers wat in hierdie afdeling gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die siening van Nuus24 nie. Nuus24 se redakteurs behou die reg voor om enige of alle kommentaar op berigte te verwyder.
http://afrikaans.news24.com/MyNuus24/Briewe/Oorslaap-n-onding-20120814
John Miles: Kroniek uit die doofpot (1991) Chris van der Merwe Ek meen dit was Tolkien wat gesÍ het: If you want to know whats news, read literature. Hierdie stelling geld in n besondere mate vir John Miles se roman Kroniek uit die doofpot, veral by die tyd van sy publikasie. Dit was voor die tyd van die Waarheids- en Versoeningskommissie, en van die aktiwiteite van die Veiligheidspolisie in die tagtigerjare was nog min bekend. Miles se roman fokus op een ontstellende geval: n moord gepleeg deur polisiemanne op n medepolisieman. Sy roman is n tipiese voorbeeld van faction, dit wil sÍ fiksie wat op feite gebaseer is. Eers heelwat later, met die publikasie van Antjie Krog se verslag oor die Waarheids- en Versoeningskommissie, Country of my skull (1998), sou die feite uitkom waarop die roman gebaseer is. Dit sou blyk dat Tumelo John Moleko, die hoofkarakter van Miles se boek, die skuilnaam is van Richard Mutase, wat met sy vrou in November 1987 deur die polisie doodgeskiet is (vgl Country of my skull, bll 82 ev). Die skrywer verander die name van die karakters maar ook nie altyd nie. In die roman heet die kind van Tumelo John Tshidiso en dit is ook werklik die naam van die kind van die vermoorde Richard Mutase. Die boek word opgedra aan dieselfde Tshidiso, verteenwoordiger van n jong geslag wat gely het onder die onreg van die apartheidsjare en dit oorleef het, en wat n nuwe toekoms vir die land moet bou. Die roman bevat dieselfde soort dubbelverhaal as die beroemde Max Havelaar van Multatuli, en net soos in die geval van Max Havelaar bevat die struktuur n sterk suggestie dat die boek op feitelike gegewens gebaseer is. Dit is n raamvertelling, waarin die skrywer met gereelde tussenposes sy verhaal as karakter binnetree en kommentaar lewer teenoor sy vriende en kennisse op dit wat so pas in die verhaalgedeelte vertel is. In die raam-gedeeltes waarin die skrywer optree, is daar konstant sprake van dokumentasie: van n stel lÍers wat die skrywer by n prokureur ontvang het en wat die materiaal van sy verhaal bevat; van fotos van die karakters van wie vertel word; van plekke wat besoek word waar die verhaal afspeel, ens. Biografiese persone wat in die raam-deel voorkom, kom ook in die verhaalgedeelte voor, wat suggereer dat dit om n ware verhaal gaan. Die woord kroniek in die titel van die roman het n soortgelyke suggestie: n kroniek is immers die verhaal van gedenkwaardige gebeurtenisse chronologies gerangskik (HAT) en dit is presies wat die leser hier vind: n chronologiese verhaal, met datums en plekke presies aangestip, van n uiters gedenkwaardige gebeurtenis. Kroniek uit die doofpot is nie net geskiedenis nie, maar ook teen-geskiedenis: dit vertel wat nie in die amptelike geskiedskrywing staan nie, en wat ook nie die koerante gehaal het nie. Dit wat die koerante nie kon waag om te skryf nie, in n tyd van sensuur op die media, word hier verhuld vertel; wat die koerante nie wou skryf nie, omdat koerante deur ideologie gedryf word, word hier geopenbaar. Dit gaan in die eerste plek om die lotgevalle van n individu, nie n abstrakte politieke betoog nie maar hierdie individu is een van baie. Die roman neem geleidelik ook die vorm van n aanklag aan n hofsaak, met n opstapeling van getuienis van mense wat verdruk, veronreg, gemartel en vermoor is. In hierdie opsig laat dit mens dink aan Elsa Joubert se roman Die swerfjare van Poppie Nongena, die verhaal van n doodgewone mens, een van baie wat onder rassediskriminasie gely het. Tumelo John is n boorling van die Vrystaatse platteland, en wanneer hy by die polisiediens aansluit, is hy vol jeugdige idealisme. Hy wil die skelms vasvat; hy wil die onreg bestry. Met verloop van tyd verloor hy sy onskuld, soos wat die skrywer sy onskuld verloor het by die kennisname van Tumelo se verhaal, en soos wat die leser sy onskuld sal verloor by die lees daarvan. Die werklikheid wat in die roman geopenbaar word, is skrikwekkend: dit gaan om n samelewing waarin verdruk en veronreg word; waarin weerloses vervolg en vernietig word; waarin die reg nie meer kan funksioneer nie; en wat sigself vernietig (b 329). Gemeet aan standaarde van geregtigheid en medemenslikheid, is dit n verstommende beeld wat na vore kom, want wat kan ons meer verbyster as dit wat die een mens in staat is om die ander aan te doen? (bl 16). Op die buiteblad word die boek ironies n polisieroman genoem, asof dit handel oor die vervolging van misdadigers deur die polisie. Maar hier is die polisiemanne die misdadigers, en n sentrale ontwikkeling by Tumelo is dat hy hierdie feit erken en van kant verander, hom distansieer van die polisiemag en hom skaar aan die kant van die opstandelinge teen onreg en diskriminasie. Hy het leer sien, maar dit is n sien wat sy ondergang meebring: Daars een gesig van die Polisiemag wat jy liewer nie moet sien nie. As jy dit eers gesien het, is dit verby met jou, dans dit te laat (bl 331). So ook het hy leer luister. Die vuishou wat hy van n kolonel teen sy oor kry, lei tot aanhoudende oor-infeksies, later tot doofheid, en ook tot die siekte tinnitus met n geraas in sy oor wat hom byna mal maak. Maar ironies laat sy doofheid hom juis hoor wat vroeŽr by hom verbygegaan het: dit is asof die stemme van die lydendes in sy land nou in hom kerm hy moes doof word om te kan luister (bl 263). Tumelo ondergaan n wesenlike identiteitsverandering. Aanvanklik is n belangrike deel van sy siening van homself die feit dat hy deel van die polisiemag is. Maar reeds vroeg kom die vraag by hom op wie nou eintlik sy mense is. Is mense wat uit armoede staak, deel van die vyand wat hy moet bestry, of moet hy hom met hulle vereenselwig omdat hy self ook uit n armoedige agtergrond kom? Al hoe meer sien hy homself as Afrika-mens; identifiseer hy met die verdrukte Afrika-mense in sy eie land. Maar vir Tumelo gaan dit nie in die eerste plek om swart of wit nie, maar om geregtigheid wat teenoor alle mense moet geskied. Daarom: wanneer hy onregverdiglik deur kolonel Van Niekerk met die vuis geslaan word, maak hy n aanklag teen die kolonel. Want vir Tumelo John gaan dit nie om blank of swart, om senior of junior rang nie; die geregtigheid is n beginsel waaraan alle mense onderworpe moet wees: Geregtigheid, Brigadier, dis die woord wat ek soek, maar as jy swart is, kan jy melk soos jy wil, jy melk en jy melk, maar hulle gee daardie woord nie vir jou nie (bl 208). In die loop van die verhaal vind daar twee sentrale ontwikkelinge plaas: Tumelo kom in aanraking met al hoe meer onreg, geweld en sadisme gepleeg deur die polisie en die regeringsmagte wat hulle verteenwoordig; en in sy konfrontasie met die onreg word hy al hoe meer afgetakel, word sy ondergang stap vir stap voltrek. In sy verbete stryd om reg te laat geskied, gaan hy na steeds hoŽr instansies in die polisiemag, tot uiteindelik na n generaal by die hoofkantoor. Hy probeer die regte kanale volg, soos wat hy steeds deur vriende en kollegas gemaan word, maar hierdie kanale blyk onregskanale te wees deel van n sisteem wat deurtrek is van ongeregtigheid. Soos die hoofkarakter in Kafka se Der Prozess, word hy aangekla sonder dat hy iets verkeerds gedoen het; word hy al dieper ingetrek in n labirint waarin sy gesiglose teenstander onvindbaar is. Uiteindelik word Tumelo self deur die geweldsindroom aangesteek, en haat hy Van Niekerk en waar haat is, verdwyn geregtigheid (bl 306). Voordat sy vyand ten slotte sy lewe neem, neem hulle die waardevolste wat hy het, van hom weg: sy sin vir geregtigheid. As sentrale gebeurtenis neem die skrywer n insident wat nie deur almal as n verskriklike vorm van rassisme erken sal word nie: n vuishou deur n senior-polisieman aan sy ondergeskikte, in n oomblik van woede en irritasie. Maar onreg wat nie duidelik herkenbaar is nie, is des te gevaarliker: die vuishou is n punt van die ysberg; daaronder is n wÍreld van onreg (bl 174). Dit gaan in die roman nie net om die onreg van apartheid nie, maar ook om die subtiele vorme van ongeregtigheid wat in elke mens is ook die leser moet sigself in die gebeure herken (bl 176). Die tragiek van die gebeure is onder andere geleŽ in die feit dat twee diskoerse teenoor mekaar staan wat mekaar nie begryp nie, en nie tot mekaar kan deurdring nie. Die een is die diskoers van mag, waarin die mag van die witman reg is; die ander is n diskoers van geregtigheid vir alle mense, waarin almal gelyk voor die reg is. n Vraag onderliggend aan die optredes van die karakters is die vraag: Hoe is dit die beste om te leef in n wÍreld waar mag reg is? Verskillende karakters leef verskillende antwoorde op hierdie vraag uit. Tumelo John se kompromislose verset staan direk teenoor die kruiperige onderdanigheid by swart polisiemanne soos Sithebe en Mabe. Hulle onderdanigheid is in werklikheid n strategie om vir hulself mag, status en rykdom te kry, binne die perke wat die blanke oppergesag dit toelaat. Tussen hierdie uiterstes is daar diegene wat n tussenposisie probeer vind, soos kaptein Opperman, wat reg optree en Tumelo ondersteun sover as wat hy kan, maar wat hom tog maan om nie sy stryd tot onmoontlike uiterstes te voer nie (bl 252). Die struktuur van Kroniek uit die doofpot is gebaseer op diť van die tipiese tragedie. Soos by die ou Griekse tragedies, en ook in tragedies van die sewentiende eeu in Engeland en Frankryk, is daar n verandering by die hoofkarakter van n toestand van geluk en voorspoed tot n toestand van rampsaligheid. Die raam-gedeeltes in die roman funksioneer soos n Griekse koor wat kommentaar op die afgelope gebeure lewer. Die woord tragedie kom van die Griekse woord tragos, wat bok beteken, na aanleiding van die bok wat geslag is by die opvoering, maar ook na aanleiding van die tragiese held wat self n tipe offer is. In Kroniek uit die doofpot is Tumelo die offer, die sondebok. Soos die klassieke tragiese held, styg hy uit bo die gewone mens, maar hy is nie sonder foute nie. Sy poging om as enkeling die totale sisteem van onreg om hom uit te daag, is n tipe hubris, n oormoed. Met verloop van tyd maak ook hy, soos die tipiese Griekse tragiese held, oordeelsfoute: hy luister byvoorbeeld nie na stemme wat hom herhaaldelik waarsku teen die dwaasheid van sy hardnekkige verset nie (bl 165 ev). Soos die hoofkarakter in Van Wyk Louw se tragedie Germanicus wil hy nie modderig wees nie: hy veg met wettige middele teen n vyand wat van geen wette weet as dit hom pas nie. Tumelo John is naÔef en misreken hom heeltemal met sy teenstander. Hy is n held en n martelaar, maar dis n dwase heiligheid, n waansinnige heroÔek wat hy mettertyd openbaar. En tog behou hy ons simpatie en bewondering deur die grootsheid van sy strewe en die volharding waarmee hy dit najaag. Ook op hom is die woorde van Shakespeare se koning Lear van toepassing: more sinned against than sinning. Soos by die klassieke tragedie, is n noodlotsmag werksaam n noodlot wat deels geleŽ is in die aard van die held, maar deels ook in n toevallige sameloop van omstandighede wat die uiteindelike katastrofe noodwendig maak. Dit lyk asof n onverskillige fatum Tumelo se lotgevalle beheer en dit op n rampsalige wyse laat verloop. So byvoorbeeld het die hou op sy oor onvoorsiene mediese gevolge; die koors en griep wat hy opdoen, laat hom dwaashede begaan, waarby die onsimpatieke kaptein Welgemoeg toevallig aanwesig is (bll 237-8). Hierdie toevallige omstandighede help om n noodwendige patroon te voltrek: die vergeefse stryd om geregtigheid in n bevlekte samelewing. Beteken dit dat Kroniek uit die doofpot n boek sonder hoop of uitsig is? Nie heeltemal nie. Aan die een kant gee dit wel n skrikwekkende beeld van n bose samelewing; dit beeld kompromisloos die triomf van die kwade uit. Maar die roman is nie net geskiedenis nie, maar ook teen-geskiedenis: uit die doofpot waarin die maghebbers Tumelo se verhaal gestop het, word n kroniek gebore: die terroris van die amptelike siening word n tragiese held in Miles se boek; die chaotiese werklikheid wat uitgebeeld word, word omskep tot n meesleurende roman. Die roman eindig met die sluiting van die saak van Tumelo se moord; maar die boek is tegelyk n heropening van die saak. Tumelo is dood; maar Tumelo het die laaste woord. © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
http://www.oulitnet.co.za/leeskring/doofpot.asp
En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid;afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap; afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie. Nou wie kan dan ooit in hemel kom!? Ons almal doen al daai dinge iewerste..... Mat 19:26 Mar10:27 Luk 18:27 Ek het nie geweet dit staan 3 keer in nuwe testament nie Alles net genade en onverdiende guns !
http://bibleforums.org/showthread.php/171180-Het-Jesus-alkoholiese-wyn-gemaak-en-gedrink?p=2100220
Ramphele in Zille-visier as leier van DA 2012-02-26 07:08 Carien du Plessis en Mandy Rossouw Johannesburg – Die DA vry na die struggle-swaargewig dr. Mamphela Ramphele as ’n moontlike kandidaat om Helen Zille as DA-leier op te volg. Maar Ramphele, wat die afgelope week by ’n debat van die DA se Jong Professionele in Kaapstad gepraat het, het ten sterkste ontken dat sy vir ’n posisie in dié party sal staan omdat sy groot waarde aan haar onafhanklikheid heg. “As daar beleide in die DA is waarmee ek saamstem, sal ek met hulle werk. As daar enige beleide in die ANC is waarmee ek saamstem, sal ek met dié party saamwerk,” sê dié akademikus en sakevrou. Zille wou nie kommentaar lewer nie. ’n Hooggeplaaste DA-bron sê Ramphele is deur DA-leiers genader. “Natuurlik sal ons daarvan hou om haar in die party te hê. Daar is dinge waaroor ons dit eens is. “Sy huldig nou die boodskap van aktiewe burgery en dit vind aanklank by ons.” Die hooggeplaaste DA-bron sê Ramphele sou dit oorweeg as sy president van die land kon word of as sy meen dat sy nie langer ’n invloed op die regering buite die formele politiek het nie. Sommige strateë meen die DA se eerste kans om die land te regeer, as deel van ’n koalisie, kan in 2019 kom. Ramphele sal dan 72 jaar oud wees, te oud om vir ’n posisie in die DA te staan. Die verbintenis tussen Zille en Ramphele het begin toe Zille destyds die kommunikasiehoof van die Universiteit van Kaapstad was en Ramphele die visekanselier. Dit is ’n ope geheim in die DA dat Zille daaraan dink om uit te tree en plek te maak vir ’n leier wat aansien by swart kiesers sal hê. Nog ’n bron na aan Zille sê sy het dit oorweeg om tydens die party se konferensie later vanjaar van die leiersposisie afstand te doen, maar sonder ’n duidelike opvolger moet sy vir nog vir twee jaar aanbly. Zille “wil beheer oor die opvolging hê en het dit duidelik gemaak dat sy vooraanstaande mense in die party wil inbring wat in staat sal wees om by haar oor te neem”, het die bron gesê. ’n DA-amptenaar sê Ramphele, wat in die 1960’s en 1970’s by die swartbewussynsbeweging betrokke was, is in ’n netelige posisie. “Ek dink haar kop is met ons, maar haar hart is in die struggle-beweging. Wat sal haar vriende van so ’n stap sê? Sy word as struggle-adel beskou en het só baie bereik.” – Volg Nuus24 op Twitter - Rapport
http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/Ramphele-in-Zille-visier-as-leier-van-DA-20120226
30 July 2010| Senior jagters – skeep ons hulle af? In die vroeë jagkulture soos die Eskimo’s, San (Boesmans), Amerikaanse Indiane en ons eie Boere het die senior jagter ‘n baie prominente rol gespeel en is hulle met die grootste respek en eerbied behandel. Want, al was so ‘n jagter nie meer só aktief nie, was hy ‘n ryk bron van kennis en ervaring. Dit is dikwels in die vorm van jagstories uit sy verlede, rondom ‘n kampvuur, veral aan die jonger geslag jagters oorgedra. In daardie kulture was die senior jagter dus ‘n sterk leiersfiguur en as gevolg daarvan, ‘n uiters belangrike komponent om die toekoms van jag en die suksesvolle toetrede van jonger jagters, tot jag te verseker.
http://www.sahunters.co.za/index.php?option=com_content&view=category&layout=blog&id=54&Itemid=246
Wees ge(soen) groet! 2012-10-10 12:52 - Artikelopsies - Deel - Kry Rapport op My familie soengroet. Ek weer, is nie juis ’n soener en ’n drukker nie. By familiebyeenkomste het ek dus maar altyd die wang gedraai wanneer ek kon. Soms was ek egter nie vinnig genoeg nie en dan het die soen, karplaks, vol op my lippe geland. Dit was genadiglik iets wat ek op skool laas moes deurmaak – totdat ek my hierdie week in ’n familiesaamtrek laat inpraat het. Elkeen het ’n unieke soen: tannie Anna groet met droë, stywe lippies; oom Piet s’n is slordig en sopnat; tannie Lida glo in die dubbelsoen – twee vinnig opeenvolgende kusse, gevolg deur ’n stywe druk; oom Stefaans mik gewoonlik mis en dan land die soen op jou neus of op jou oor. Só het elkeen hulle eie manier. Ná die gegroetery kom die onafwendbare vraag: “En hoe gaan dit met die liefde?” Dis vir hulle onverstaanbaar en onaanvaarbaar dat ek op 29-jarige ouderdom nog ongetroud is. Dié vraag word afgewissel met die jinne-maar-jy-het-grootgeword-frase. Lankal nie meer ’n kompliment op mý ouderdom nie. Ek beland tussen ’n suster van ’n oom met wie ek ’n vae aangetroude konneksie het en ’n niggie wat ek nie herken nie. Hulle knibbel aan tuisgebakte melktertjies en roompoffertjies en ruil vrugtekoekresepte uit. Met die smaak van die soene nog so vars op my lippe, sien ek nie kans om iets te eet nie. Al wat my laat bly sit, is die gedagte aan die afskeidnemery wat voorlê. Wanneer die tyd daarvoor aanbreek, stap almal saam motor toe. Die toepaslike groetwoorde word gesê en oom Stefaans se lippe is klaar getuit vir die eerste totsiens-soen. “En hoe gaan dit deesdae met die liefde?” wil iemand weet. Ek steek vinnig my hand uit en druk oom Stefaans s’n net effens stywer as wat nodig is… Aniel Botha was ’n ballerina en is nou ’n skrywer en private onderwyser.
http://www.rapport.co.za/MyTyd/Nuus/Wees-gesoen-groet-20121010
Implementering van VoIP telefoon stelsels het groot gewildheid verwerf deesdae. 'N Baie van die besighede begin om te kyk deur middel van hul finansiële plan en meer en meer dikwels kom met die idee om die tradisionele telefoon stelsel te vervang met VoIP vir die rede waarom dit 'n baie voordele en op dieselfde tyd aan 'n baie as vereistes. So, by die begin af het jy om seker te maak dat die kwaliteit van klank wanneer die gebruik van breëband konneksie is dieselfde as die gebruik van tradisionele selfoon stelsel. Selfs al is die klank van klank stem omgeskakel word na digitale sein en dan weer terug, die gehalte moet hoog wees in elk geval. Dit is veral belangrik, want jy gaan om dit te gebruik tydens verskillende seminare. Neem in ag die feit dat die sekuriteit van die netwerk het om op datum te wees en op dieselfde tyd dit behoorlik funksioneer. VoIP is baie gewild onder 'n lot van besighede en op dieselfde tyd dit is 'n groot teiken vir die hackers. Jy het seker te maak dat jou besigheid nie aangeval sal word deur diegene wat hackers en in die geval wat jy nie gedink het nie oor hierdie voor, Dit is hoog tyd dat jy het dit gedoen. Egter, dit is nie 'n goeie idee is om almal te skakel na hierdie diens onmiddellik. Dit word sterk aanbeveel om die stelsel te toets en so gou as jy tevrede is met die diens. Jy kan ook al die werknemers in die plan. Terselfdertyd is dit raadsaam om die ou stelsel te hou in elk geval, want dit sal 'n soort van jou rug. Daar is geen twyfel dat VoIP telefoon stelsels is die ideale oplossing vir jou besigheid maak nie saak wat die grootte is dit. Terselfdertyd, dit bied klein besighede met die moontlikheid om gebruik te maak van verskillende kommunikasie-instrumente, en daar is geen behoefte om onmiddellik te integreer in die groot stelsel. Phone systems business was nog altyd een van die belangrikste dinge by die organiseer van 'n maatskappy word gedink. Terwyl besluit op 'n betroubare, terwyl goedkoper in werking telefoon stelsel, IP telephone systems oorweeg kan word. In elk geval, hierdie telephone system melbourne Die webwerf kan jou help om 'n behoorlike stelsel wat in ag maatskappy se behoeftes te kies.
http://www.blogdev.info/af/category/communications/telephony/
Aflaai Gratis Minimal House Musiek Neem die beste elemente van die huis musiek en voeg 'n minimale kontak: nou het jy Minimal House Musiek. Luister die beste Minimal House Musiek liedjies gratis op hierdie bladsy. WAPTRICK Minimal House Musiek sangers en bands hier: David Amo And Julio Navas And Prok And Fitch, Kollektiv Turmstrasse, Stimming, Tuccillo, Marc Vedo And Boy George And Drew Jaymson, Joe Maker, The Mountain People, Tony Kairom, Ferre And Moreno, Jerome Robins Mc Flipside Dj Pp, Ricardo Villalobos, Gurtz, Leonardo Gonnelli And Mennie, H O S H, Hanne And Lore, Samuel L Session In hierdie bladsy kan jy dit aflaai en luister Minimal House Musiek free mp3 songs: Campana Original Mix, Was Bleibt Jimpster Instrumental Mix, The Unicorn, City Lights Original Mix, Dont Take The Night Supernova Remix, Minimal Happiness Original Mix, Mountain 010 1, Popeye Original Mix, Calling Up Andres Power Remix, Dirty Beats Jaceo Remix, Electronic Water, Like I Like, Sleep Like A Man Original Mix, Hamburg Night feat Ost Kjex, Dr House Original Mix, The Drum Track Laai die beste Minimal House Musiek mp3 songs for free. Luister mp3 songs op jou Android, iPhone, iPad, Blackberry, Nokia, Samsung, LG, Samsung, Sony Ericsson en die oorblywende selfone.
http://waptrick.com/full_mp3/showcategory.jsp?c=minimalhouse&lang=AF&pageid=3
Ek moes vanoggend (31/12/2007) na 'n Scott-dame wat nou in Port Alfred woon, soek. Wat ek toe van die Telkom-aanlyn-telefoongids leer, is dat jy kan soek vir al die Scott-mense met telkom-telefone en die webwerf sal vir jou statistiek gee van hoeveel Scott-telefone in elke provinsie is -- en dan ook die totaal vir al die provinsies saam. Die syfers is nie akuraat nie, omdat sommige mense verkies om hulle nommers nie te lys nie, maar dit is waarskynlik 'n klein persentasie. Wat wel benutbaar is, is dat 'n mens die relatiewe grootte van elke Van-groep in Suid-Afrikakan bepaal. So kan ek nou spog dat daar 5886 Pretorius-huisgesinne in Suid-Afrika is wat Telkom-telefone het en hulle nommers in die telefoongidse plaas. Vergelykkenderwys is daar maar 1491 Scott-huisgesinne en 968 Mc/Mac Donalds. Gebruik die volgende skakel as jy ook nuuskierig is: http://phonebook. Van: Dennis Pretorius, Lyseienaar, SA Genealogie-poslys (Berig ietwat geredigeer.)
http://westggsa.blogspot.com/2008/01/telkom-aanlyn-telefoongids.html
Chapter 6 1 En toe die ark van die HERE sewe maande lank in die land van die Filistyne was, 2 het die Filistyne die priesters en die waarsêers geroep en gesê: Wat moet ons met die ark van die HERE doen? Gee ons te kenne waarmee ons dit na sy plek kan wegstuur. 3 En hulle sê: As julle die ark van die God van Israel wegstuur, stuur dit dan nie leeg weg nie, maar gee Hom ten volle 'n skuldoffer terug; dan sal julle gesond word, en dit sal julle bekend word waarom sy hand nie van julle wyk nie. 4 Toe vra hulle: Wat is die skuldoffer wat ons Hom moet teruggee? En hulle sê: Volgens die getal van die vorste van die Filistyne: vyf goue geswelle en vyf goue muise, want dit is een plaag oor hulle almal en oor julle vorste. 5 Maak dan beelde van julle geswelle en beelde van julle muise wat die land verniel, en gee eer aan die God van Israel; miskien sal Hy sy hand ligter maak oor julle en julle gode en julle land. 6 Waarom tog sal julle jul hart verhard soos die Egiptenaars en Farao hulle hart verhard het? Het hulle hul nie losgelaat om weg te trek toe Hy hulle sy mag laat voel het nie? 7 Neem dan nou wat nodig is en maak 'n nuwe wa; ook twee melkkoeie waar geen juk op gekom het nie; span dan die koeie in voor die wa en keer hulle kalwers agter hulle weg huis toe. 8 Neem dan die ark van die HERE en sit dit op die wa, en die goue voorwerpe wat julle Hom as skuldoffer teruggee, moet julle in 'n kissie langsaan neerlê; stuur dit dan weg om heen te gaan. 9 En let op: As dit in die rigting van sy eie gebied na Bet-Semes opgaan, dan het Hy ons hierdie groot onheil aangedoen; maar so nie, dan weet ons dat sy hand ons nie getref het nie: dit het toevallig oor ons gekom. 10 Die manne doen toe so: hulle het twee melkkoeie geneem en die voor die wa gespan en hulle kalwers by die huis agtergehou. 11 En hulle het die ark van die HERE op die wa gesit en die kissie met die goue muise en die beelde van hulle geswelle. 12 En die koeie het reguit padlangs geloop in die rigting van Bet-Semes; hulle het op die een grootpad aldeur geloop en bulk sonder om regs of links uit te draai, terwyl die vorste van die Filistyne agter hulle aan gaan tot by die grens van Bet-Semes. 13 En die mense van Bet-Semes was juis besig om die koringoes af te sny in die laagte. Toe hulle dan hul oë opslaan en die ark gewaar, was hulle bly om dit te sien. 14 En die wa het by die land van Josua van Bet-Semes gekom en daar gaan staan; daar was 'n groot klip, en hulle het die hout van die wa gekloof en die koeie as 'n brandoffer aan die HERE geoffer. 15 En die Leviete het die ark van die HERE afgehaal met die kissie wat daarby was, waar die goue voorwerpe in was, en op die groot klip neergesit; en die manne van Bet-Semes het dieselfde dag aan die HERE brandoffers geoffer en slagoffers geslag. 16 En toe die vyf vorste van die Filistyne dit sien, het hulle dieselfde dag teruggegaan na Ekron. 17 En dit is die goue geswelle wat die Filistyne as 'n skuldoffer aan die HERE teruggegee het: vir Asdod een, vir Gasa een, vir Askelon een, vir Gat een, vir Ekron een. 18 En die goue muise was volgens die getal van al die stede van die Filistyne wat aan die vyf vorste behoort het, van die versterkte stede sowel as van die onbemuurde dorpe. En die groot klip waar hulle die ark van die HERE op neergesit het, is tot vandag toe getuie op die stuk land van Josua, van Bet-Semes. 19 En Hy het onder die mense van Bet-Semes 'n slagting aangerig; Hy het naamlik onder die volk sewentig man en vyftig duisend man gedood, omdat hulle die ark van die HERE bekyk het; en die volk het getreur, omdat die HERE 'n groot slagting onder die volk aangerig het. 20 Toe sê die manne van Bet-Semes: Wie kan diens doen voor die aangesig van die HERE, hierdie heilige God? En na wie toe sal Hy optrek van ons af? 21 Daarom het hulle boodskappers gestuur na die inwoners van Kirjat-Je rim om te sê: Die Filistyne het die ark van die HERE teruggebring; kom af, bring dit op na julle toe.
http://www.speedbibleverse.com/afrikaans/B09C006.htm
Featured profile Kom ons lag saam! Why should you get to know Tenacity01? Kortliks; Ek is iemand wat hou van lag, gesels, avontuur die buite lewe, vriende en Familie. Ek is eerlik, opreg, sosiaal en 'n Christen. 'n Enkel ma met 'n pragtige maar tog besige 16 jarige seun... |Country of Origin:||South Africa| |Location:||Meyerton, Gauteng, South Africa| |Age:||37| |Marital Status:||Divorced| |Height:||168cm (5' 6.1")| |Relationship Types:||Activity partners; Friends; Open to possibilities; Long-term; Marriage| |Occupation:||Sales and Marketing| Create your FREE profile & start dating today! Featured Profiles Go placidly amid the noise and haste, and remember what peace there may be in silence. As far as possible without surrender be on good terms with all persons. Speak your truth... Let's...ride on the clouds, pick the sun ... bring it with you and dance barefoot in my heart. Forget the past, let's live in the now and dream about the future. Work... Ek is 'n eerlike en opregte mens wat lief is vir die natuur en die mense om my. Ek geniet dit om saam met vriende en familie te kuier en gesels. Ek geniet dit om te lees en... Ek is 'n vriendlike meisie, wat altyd lag en gesels! Ek hou van die buite lewe, uitdaging en pret. Ek is 'n reedlike mens wat ooreen kan kom met dinge. Ek geniet my vrye tyd, ek...
http://love2meet.news24.com/s/d/2970175/a/17348
Pow-wow 'n Pow-wow (soms ook powwow, pow wow of pau wau genoem) is 'n vergadering van Noord-Amerika se Eerste Nasies (Indiane). Die term kom uit die Narragansett-taal en beteken in sy oorspronklike vorm powwaw letterlik "spirituele leier". Dit word deesdae gebruik om na enige vergadering van enige stam van die Eerste Nasies te verwys en kom soms ook in ouer Wilde Weste-prente voor. In die algemene, veral Engelse, taalgebruik verwys die term na enige vergadering, spesifiek na 'n kongres of byeenkoms van invloedryke persone soos militêre offisiere. Die huidige pow-wow-vergaderings van Eerste Nasies-volke het 'n besondere karakter. Dit is 'n tipiese fees waar mense byeenkom om te dans, sing, te gesels en 'n groot partytjie te vier. Pow-wows word soms net op een dag met een sessie gevier en duur sowat vyf tot ses ure, maar daar is ook feeste wat oor drie dae met tussen een en drie sessies elk gehou word. Groot pow-wows of pow-wows wat vir 'n spesiale geleentheid gevier word duur soms 'n week lank.
http://af.wikipedia.org/wiki/Pow-wow
Sy werklike invloed op die massas na sy skorsing uit die Jeugliga en uit die ANC, sal nou tot die uiterste beproef word. Sy aanhang moet nie onderskat word nie. Malema het deurentyd gepoog om die bepalings van die Freedom Charter teen die ANC leierskap af te speel. Dit het hom in ‘n gunstige posisie onder die werklose en lae inkomste groepe geplaas. Hy sal waarskynlik eers poog om ‘n wig tussen die ANC leierskap en hulle volgelinge op daardie gronde in te dryf sodat die infrastruktuur nie vir hom verlore moet gaan nie. Die feit dat dit ‘n blanke is wat gebruik is om die uitspraak te maak, sal in alle waarskynlikheid ook deur hom aangewend word om alle blankes te verdoem en opnuut die rassehaat aan te blaas. As Malema egter nie slaag om ‘n beduidende verdeling in ANC geledere te bewerkstellig nie, is dit onwaarskynlik dat hy ‘n verdere noemenswaardige politieke rol sal speel. In die lig daarvan sal enige militante optrede van sy kant af met groter beslistheid van die ANC hiërargie in die kiem gesmoor word. Behalwe vir etnisiteit wat hier ‘n rol speel, kan aangeneem word dat daar groter magte agter die skerms was wat toutjies getrek het om Malema ge-isoleer te kry. Die klimaat wat egter daardeur geskep het die potensiaal vir faksie verdeeldheid wat interessante wendings kan neem Met sy besoek aan die stakers by Rustenburg, wil dit lyk asof Malema die vakbonde in die oog het vir toekomstige steun, wat niks goeds voorspel vir arbeidsonrus wat beheer moet word nie.
http://afrikanervolksparty.org/index.php?option=com_content&view=article&id=5002%3Amalema-se-invloed-op-swart-kiesers-sal-nou-bepaal-kan-word&catid=160%3Aartikels&Itemid=284&lang=af
Polokwane |Polokwane "Plek van Veiligheid" Pietersburg |Koördinate:| |Land||Suid-Afrika| |Provinsie||Limpopo| |Distriksmunisipaliteit||Capricorn| |Plaaslike Munisipaliteit||Polokwane| |Stigting||1886| |Oppervlak| |- Stad||128,51 km² (49,6 vk m)| |Hoogte||1 312 m (4 304 vt)| |Tydsone||SAST (UTC+2)| |Poskode||0700| |Skakelkode(s)||015| |Webwerf: polokwane.org.za| Polokwane (voorheen Pietersburg) is die hoofstad van Limpopo, Suid-Afrika, sowat 300 kilometer noord van die Witwatersrand en 200 kilometer suid van Zimbabwe, met sowat 150 000 inwoners. Voor 2003 was die Afrikaanse naam die amptelike naam, maar sedertdien is die Pedi-naam, Polokwane, die amptelike naam. Die naam word egter nie deur die Nederlandse Taalunie erken nie, dus die amptelike Nederlandse naam is steeds Pietersburg.[1] Polokwane staan lankal bekend as die nywerheidsentrum van die noorde en trek voordeel uit 'n hoogs ontwikkelde spoornetwerk en uitstekende padverbindings. Inhoud Geskiedenis[wysig] Die eerste nedersetting van Afrikaners in die gebied, die dorp Schoemansdal noord van Polokwane, is in 1848 deur die Voortrekkerleier Andries Pretorius gestig. Die felle teëstand van die Vendas en hulle stamhoof, Magato, lei egter op 12 Julie 1867 tot die besluit dat die blanke inwoners die dorp moet ontruim. Die latere president van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) en destydse kommandant-generaal Paul Kruger belowe die stigting van 'n nuwe dorp verder suid. Die Volksraad van die ZAR in Pretoria keur hierdie plan egter eers veertien jaar later, ná die einde van die Eerste Vryheidsoorlog in 1881, goed en die burgers moet 'n verdere twee jaar wag voordat die waarnemende staatspresident, generaal Petrus Jacobus (Piet) Joubert, die opdrag kry om die terrein vir 'n nuwe dorp af te baken. Die Schoemansdalers het hulle toe lankal in Marabastad gevestig en stel voor om liewer hierdie nedersetting tot amptelike dorp te verklaar. Piet Joubert gee egter die voorkeur aan 'n nuwe stigting op die plaas Sterkloop, wat in 1884 gestig is, en die nuwe dorp is uiteindelik na hom vernoem. Na die amptelike dorpswording in 1886 is die magistraat vir die noordelike Transvaal na Pietersburg verskuif. Marabastad het intussen weens die ontdekking van goud in die omgewing in 1871 vinnig gegroei, en die mynwerkers verhuis na 'n nuwe tydelike nedersetting, Smitsdorp, wat tot by die goudstormloop aan die Witwatersrand bestaan. Pietersburg trek voordeel uit die mynbou in die omgewing, en sy inwonertal styg skerp nadat die inwoners van Smitsdorp hulle nedersetting verlaat het. Een van die straatname dui op 'n insident wat in 1867 in Schoemansdal plaasgevind het: dié dorp is toe deur die Venda aangeval en verwoes. Burgers wat alles verloor het is woonerwe gegee in Pietersburg, in 'n nuwe straat met die naam "Compensatie" ("kompensasie"). Die eerste Nederduits Gereformeerde Kerk in Polokwane is in 1890 opgerig, en op 31 Mei 1899 is die dorp se spoorwegverbinding met Pretoria ingewy. Ná die besetting van Pretoria tydens die Tweede Vryheidsoorlog (1899-1902) is Pietersburg vir 'n paar weke selfs die hoofstad van die Transvaal, die ZAR en die Oranje-Vrystaat. In hierdie tydperk is ook banknote hier gedruk. In 1901 verower die Britte die stad. Nywerheid en ekonomie[wysig] Pietersburg is 'n belangrike nywerheidsentrum in die Noorde en die stad se nywerheidskarakter word reeds by die stad se noordelike ingang te kenne gegee deur 'n aantal merkwaardige kunsnywerheidsbeelde wat op die gras onder die kameeldoringbome geplaas is. Daar is verskeie groot nywerhede in die stad onder andere Coca-Cola en die Suid-Afrikaanse brouerye. Die distrik omhels 'n reeks verskillende plase: daar word in die omgewing met vee, pluimvee en varke geboer, maar ook aartappels, mielies, sorghum, grondbone, bone, sonneblomsaad, tabak en lusern verbou. Daar is ook 'n aantal suiwelboerderye. Toerisme[wysig] Die Kunsmuseum in die middestad bied vir kunsliefhebbers 'n uitgebreide kunsversameling. Sommige van die kunstenaars wie se werke hier gesien kan word, word onder die beste in die land gereken. 'n Ander bekende museum is die Irish House, 'n gebou in die Victoriaanse argitekstyl, met uitstallings oor die dorp en omgewing se kultuurgeskiedenis. Buite die stad lê die Natuurreservaat: 3200 ha natuur met baie soorte wildsbokke en ongeveer 200 spesies voëls. Media[wysig] 'n Plaaslike tak van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie is geleë in die stad. Suid-Afrika se grootste onafhanklike radiostasie, Jakaranda RM/FM, het ook 'n tak in die stad. Pietersburg beskik ook oor 'n aantal plaaslike koerante. Vervoer[wysig] Die stad word bedien deur die Polokwane Internasionale Lughawe asook die Gateway Internasionale Lughawe wat daaglikse vlugte van en na Johannesburg voorsien. Die N1 nasionale pad verbind Pietersburg ook met Pretoria, Johannesburg, Bloemfontein en Kaapstad. Sport[wysig] Persone gebore in Pietersburg[wysig] - Basie Vivier 1927 - Springbokrugbyspeler en kaptein - Victor Matfield 1977 - Springbokrugbyspeler en kaptein - John Smit 1978 - Springrugbyspeler en kaptein Sien ook[wysig] Bronne[wysig] - Changuion, Louis: PIETERSBURG. Die Eerste Eeu 1886-1986. Pretoria: Stadsraad van Pietersburg 1986 - Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers (Edms) Bpk. ISBN 1-86842-026-4 Johannesburg · Durban · Kaapstad · Oos-Rand · Pretoria · Port Elizabeth · Oos-Londen · Vereeniging · Bloemfontein · Thohoyandou · Pietermaritzburg · Pietersburg · Bosbokrand · Louis Trichardt · Nelspruit · Mthatha · Welkom · Rustenburg · Mount Ayliff · Groter Tzaneen · Phuthaditjhaba · Klerksdorp · Brits · Nkomazi · Newcastle · Potgietersrus · Krugersdorp · Richardsbaai · Butterworth · Libode · Witbank · Burgersfort · Ngwaritsi · Mafikeng · KwaMhlanga · Flagstaff · Idutywa · Bizana · Mdutjana · Groter Giyani · Mogwase · Lebowakgomo · Ladysmith · Highveld Ridge · Eshowe · Groblersdal · Duiwelskloof · Port Shepstone · Ulundi · Carletonville
http://af.wikipedia.org/wiki/Polokwane
Sagteware Sagteware (ook programmatuur genoem, teenoor "apparatuur" of "hardeware") is 'n generiese begrip vir 'n georganiseerde groep(e) kode wat instruksies verteenwoordig wat uitgevoer word deur 'n rekenaar. Sagteware word gewoonlik eers geskryf as bronkode, en dan verwerk na binêre formaat wat spesifiek is aan die verwerker of omgewing waarin die kode uitgevoer word. Sagteware word gewoonlik verdeel in twee hoofkategorieë: stelselsagteware wat die basiese nie-taak-spesifieke funksies van die rekenaar verskaf, en toepassingsagteware wat gebruik word om spesifieke gebruiker-verwante take uit te voer. Stelselsagteware[wysig] Stelselsagteware is verantwoordelik vir die beheer, integrasie en bestuur van die individuele hardewarekomponente van 'n rekenaarstelsel so dat ander sagteware en die gebruikers van die stelsel dit sien as 'n funksionele eenheid sonder om besorgd hoef te wees oor die lae-vlak details soos byvoorbeeld die verskuiwing van data vanaf die geheue na die hardeskyf, of die vertoon daarvan op die skerm. Stelselsagteware bestaan uit dinge soos 'n bedryfstelsel en 'n aantal fundamentele nutsprogramme, soos programme wat lêers manipuleer, stelseladministrasie verrig en wat hardeware- en netwerkkonfigurasie doen. Toepassingsagteware[wysig] Toepassingsagteware word gebruik om ander take, buiten die bestuur van die rekenaarstelsel, uit te voer. Toepassingsagteware kan bestaan uit 'n enkele program, byvoorbeeld 'n teksredigeerder; 'n aantal programme (gewoonlik genoem 'n sagteware pakket wat saam werk om 'n taak uit te voer, byvoorbeeld 'n sigblad; 'n groter versameling (of suite) van onafhanklike programme wat vir verwante take gebruik word soos byvoorbeeld 'n kantoorproduktiwiteit-suite wat bestaan uit 'n woordverwerker, sigblad, ens. Sagtewareontwikkeling[wysig] Sagteware word amper altyd ontwikkel met behulp van een of meer programeertale. Verskeie nutsprogramme word moontlik gebruik in die proses: - 'n teksredigeerder of 'n geïntegreerde ontwikkelingsomgewing - vertalers of interpreteerders - ontfoutingsprogramme
http://af.wikipedia.org/wiki/Programmatuur
Huwelik en Gesin in die Skrif, ds MJ Booyens - hfst.1: Man en vrou het Hy hulle geskape - hfst.2: Die Here bring die vrou na haar man Hoofstuk 4: Skaamtegevoel – skild van die Here ontvang “Toe gaan altwee se oë oop, en hulle word gewaar dat hulle naak is.” (Gen. 3:7). In die Paradys het man en vrou nie klere gedra nie: “En hulle was altwee naak, die mens en sy vrou, maar hulle het hul nie geskaam nie.” (2:25). Die dood tree in Maar dan kom die duiwel op die toneel. Hy wek by Eva die begeerte na die verbode vrug. Daarvan het God gesê: “die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe” (2:17). Op aanstigting van die duiwel kyk Eva na die vrugte – begeer dit en eet daarvan. En sy verlei haar man ook en hy eet. Die verkeerde begeerte is alreeds sonde en dit lei dan gewoonlik tot die sondedaad: ongehoorsaamheid aan God. En dan tree die dood in. Hulle val nie liggaamlik dood neer nie – dit sou eers later plaasvind. Hulle sterwe egter geestelik – die band met die lewende God is gebreek. Hulle is dood in die misdade en die sondes (Ef. 2:1). Skaam vir mekaar En nou is dit opmerklik dat die eerste gevolg van hulle ongehoorsaamheid aan God skaamtegevoel is. Hulle kyk na mekaar in skrik en skaamte – te laat! Hulle kan mekaar se naakte liggame nie meer aankyk nie. Hulle wil vir mekaar wegkruip. Ag, voor die sondeval het hulle dit nie eens agtergekom nie. In hulle sondelose bestaan was hulle hele verskyning alleen eerbaar en was daar niks wat skuldgevoel of skaamte by hulle gewek het nie. Maar nou kan hulle nie na mekaar kyk nie en die een kan nie verdra dat die ander een hom of haar so sien nie. Hulle begin om haastig vir hulleself skorte van vyeblare te maak om die oë van die ander weg te hou van hulle liggame af. Dit was alreeds ‘n bewys dat God hulle nog nie volkome losgelaat het nie. Skuldbesef en skaamtegevoel is genade van bo. Hulle was selfs so skaam dat hulle tussen die bome van die tuin vir God probeer wegkruip. God sien en soek hulle En nou gebeur daar iets wonderliks. Die Here God kom maar soos gewoonlik om hulle op te soek. Die alwetende God weet wat hulle gedoen het en Hy weet ook waar hulle wegkruip: “Waar sou ek heengaan van u Gees en waarheen vlug van u aangesig” (Ps. 139:7). Hulle Skepper en Vader kom na hulle toe. Hy maak selfs asof Hy nie weet waar hulle is nie en roep tot Adam: “Waar is jy?” En dan kom die sondebelydenis uit Adam se mond: “Ek het u geruis gehoor in die tuin en gevrees, want ek is naak; daarom het ek my verberg.” En dan begin die ondervraging van God en die verontskuldigings van Adam en Eva. Adam beskuldig Eva en Eva die slang. En God se oordeel volg – want Hy kan nie anders nie. Hy doen wat Hy gesê het. Die dood het in die wêreld gekom en die suiwer huwelikstroom is voortaan vol modder en onreinheid. Die vrou het voortaan te doene met pyn en smart by die geboorte van kinders en vyandskap en haat tussen mens en mens sal uit haar liggaam voortkom. En hoe sal sy nie verlang na die liefde van haar man nie en hy sal oor haar heers met hardheid en hartstog. En Adam sal sweet en swoeg om te bestaan, want die vloek van God hang soos ‘n koue doodskleed oor die aarde. Huweliksellende en sorge oor kinders wag nou op die pad van die mensepaar. Rokke van vel Maar die regverdige God bly ook genadig. Nou al klink daar ‘n belofte deur die dreiging heen . . . Uit die saad of nageslag van Eva sal eenmaal Iemand kom, wat die kop van die slang, die duiwel, sou vermorsel. So open God ‘n vergesig na die kruis. En dan doen Hy ook iets om Adam en Eva teen mekaar en vir hulleself te beskerm: “En die Here God het vir die mens en sy vrou rokke van vel gemaak en hulle dit aangetrek.” En hiermee maak God hulle skaamtegevoel tot ‘n skild teen die begeerlike oog en krenkende daad. Hy klee hulle behoorlik – beter as met vyeblare – en maak hulle liggame vir mekaar toe. Die mens is in die waardigheid van sy natuur aangetas deur die sonde. Jy kan nie na ‘n naakte mens kyk sonder ‘n besef van skaamte nie. Jy kan na enige dier kyk sonder om enigsins skaam te wees. Dit pla jou nie. Maar die mens, na die beeld van God geskape, het sy reinheid en gaafheid verloor. En hy besef dit – hy veroordeel homself deur sy skaamte. Mense breek skaamtegevoel af En so sal dit bly solank ons in hierdie gebroke wêreld leef. Waar die skaamtegevoel afgebreek word deur naak of halfnaak in die openbaar te verskyn, is mense besig om die genade van God te weerstaan. Naaktheid word in ons tyd aangewend om ons gewoond te maak aan begerige blikke en ontugtige harte. Nie alleen die halfnaaktes of naaktes self sink steeds dieper in die modder nie, maar hulle word op groot skaal struikelblokke vir andere. Ons mense is sogenaamd “mondig” en “volwasse”, maar hulle vergeet dat ons almal van nature geneig is tot die verkeerde. “Volwasse” mense kan maklik ontaard en deur dierlike drifte die afgronde instort. God ken ons sondige natuur en hy het aan ons ‘n magtige skild gegee in die skaamtegevoel. Daarin waak hy ook oor die heilige huwelik. Sy oog gaan in genade oor seuns en dogters, mans en vroue – om hulle te behou. Bewaar die skild van skaamtegevoel Gelukkig is elkeen wat beklee is met Jesus Christus (ons kleed van geregtigheid) wat ons skande en naaktheid voor die heilige oë van God bedek. Gelukkig is elkeen wat in die openbaar so verskyn dat ons met vrymoedigheid mag sê: “Daar loop ‘n menseliggaam wat ‘n tempel van die Heilige Gees is.” Hierdie skild wat die Here ons gegee het, word ook op ‘n groot skaal afgebreek deur welmenende geleerdes en halfgeleerdes met die sogenaamde “geslagsvoorligting” aan kinders en jongmense. Meisies en seuns word meer as ontklee deur woorde. Skaamte word weggeblaas deur die geslagsdade te beskryf en “seks” op dieselfde vlak as eet en drink te plaas. Dan sou die Here dit nie nodig gevind het om mense se naaktheid te bedek nie. Hier betaam dit ‘n Christen om heilige skugterheid te beoefen. Ouers en voorligters speel nie alleen met vuur nie. Ons pluk alreeds die wrange vrugte daarvan in soveel huwelike waar geslagsomgang die alfa en omega geword het. Ouers kan geen beter geslagsvoorligting aan hulle kinders gee nie, as om mekaar lief te hê en dit uit te leef voor hulle kinders.
http://proregno.com/2013/06/18/hgs-reeks-hoofstuk-4-skaamtegevoel-skild-van-die-here-ontvang/
Pare Pare in enige vaste verhouding wat: * 'n goeie verhouding wil verbeter en verdiep * in 'n moeilike verhouding is en jare lange konflik wil oplos. * naby aan opbreek is en wil besluit of hulle met die verhouding wil aangaan of nie * vir hulle kinders 'n veilige ruimte wil skep om in op te groei * in die begin van 'n mooi verhouding is wat hulle graag so wil behou
http://huwelike.co.za/rokstories-frontpage/vir-wie-is-imago
My jongste rubriek in die Kerkbode: In G.K. Chesterton se Father Brown-stories word die skurk altyd deur die priester uitoorlê. Laasgenoemde is ’n onwaarskynlike held met sy priesterlike gewaad, kort postuur, skynbare verstrooidheid en oudmodiese taalgebruik. Daar is iets van dié vader in geliefde karakters soos die speurder Colombo en Mma Ramotswe met haar No. 1 Ladies’ Detective Agency. In die verhaal “The Blue Cross” wandel vader Brown ’n dag lank saam met Flambeau, die verdagte, wat aanvanklik ook ’n priester skyn te wees. Wanneer Flambeau uiteindelik ontmasker word , vra hy verdwaas hoe vader Brown wis dat hy nie met ’n regte priester te doen het nie. “You attacked reason,” kom die antwoord. “It’s bad theology.” Die daglange gesprek het naamlik oor etiek gehandel. Flambeau vra retories: “who can look at those millions of worlds and not feel that there may well be wonderful universes above us where reason is utterly unreasonable?” Waarop vader Brown antwoord: “you can imagine any mad botany or geology you please. … But don’t fancy that all that frantic astronomy would make the smallest difference to the reason and justice of conduct. On plains of opal, under cliffs cut out of pearl, you would still find a notice-board, ‘Thou shalt not steal.’” Vatso, dief! ’n Egte priester sal dit mos weet. Met hierdie stukkie speurwerk skaar vader Brown hom by die sogenaamde “deontologiese” etiek: Elke mens, beweer Immanuel Kant, die vernaamste moderne eksponent van hierdie antieke teorie, het ’n inherente besef van sy morele plig – die sogenaamde “kategoriese imperatief”. Dit behels dat ’n mens altyd só moet optree dat jy redelikerwys kan wens dat almal volgens dieselfde reël sal handel. Dié reël is: Behandel ’n mens nooit as ’n middel tot ’n doel nie, maar altyd as ’n doel insigself. Ongelukkig het dit vir Kant nie alle mense gegeld nie. Volgens hom was dit in orde om Indiane uit te wis, Afrikane as slawe te neem en oor Oosterlinge te heers. Die onderskeidinge berus op Kant se teorie oor die relatiewe rooiheidsgraad van verskillende rasse: hoe rooier, hoe minder mens. Selfs in Wes-Europa, waar volgens Kant die mens-mense woon, troon die meer noordelike volke in redelikheid en moraliteit bo die ander uit, nes mans bo vrouens. So spreek die man van Königsberg! Maar kom ons laat dit vir eers daar. Kant se filosofiese insigte is nie noodwendig waardeloos omdat sy eie pseudo-wetenskap (en daarvan het ons vandag nog genoeg) in stryd daarmee verkeer nie. Gestel ons het ’n inherente sin vir reg en verkeerd. Hoe beoordeel ons dit? Is dit blote instink, met dieselfde geldigheid as ons ewe sterk drange om die reëls te oortree as dit ons pas? Hoekom sal ek my inspan om my plig te doen ook wanneer dit nie in my belang is nie? Bloot omdat ek dit nie kan verhelp nie? Soms. Of dalk selde. Nee, sê Kant. Ons beoordeel ons eie gedrag, en dié van andere, asof daar regtig ’n objektiewe maatstaf is – weliswaar ín ons, maar onafhanklik van ons. Ons glo dat daar morele waarhede is, nie net voor- en afkeure, luste en grille nie. Wanneer ons dit doen – en ons kan nie anders nie – veronderstel ons implisiet dat ons keuses kan maak, en dat daar ’n instansie is wat daardie keuses volgens die morele wet beoordeel, die kwaad vergeld en die goeie beloon. En aangesien ons in hierdie lewe nóg kry wat ons toekom, nóg die etiese ideaal volkome verwesenlik, verklap ons pogings daartoe dat ons, bewus of onbewus, ’n hiernamaals verwag. Hierdie implisiete geloof in “God, vryheid en onsterflikheid”, waaraan niemand volgens Kant ontkom nie, noem hy “postulate van die praktiese rede”. Nou hoekom sondig ons dan so?
http://www.soliustitiae.co.za/think/2011/11/01/wat-elke-dief-moet-weet/
Patriarg Josef van Moskou in Wikipedia, die vrye ensiklopedie Daar is min bekend oor sy vroeë lewe. Voor sy verkiesing was hy verbonde aan die Simonof-klooster in Moskou. Nadat hy in Maart 1642 patriarg geword het, het hy ’n taamlik konserwatiewe beleid gevolg. Eksterne skakels[wysig] |Russies-Ortodokse patriarge van Moskou en die hele Rusland|
http://af.wikipedia.org/wiki/Patriarg_Josef_van_Moskou
(bedien 8-10) Indien jy nie kastaiings (chestnuts) in die hande kan kry nie, vervang dit met dadels wat fyngekap is. Onthou net dit is baie soet, so proe eers voor jy die heuning ook byvoeg. Bestandele: 1.5kg ontbeende lam (boud of skouer) olie 4 uie, gekap 4 knoffelhuisies, gekap 2t fyn gemmer 1t fyn koljander knippie saffraan 2-3t fyn kaneel sout en peper, na smaak 2 blikke kastaiings 1-2e heuning vars koljander Metode: Sny die vleis in blokkies. Verhit olie in ʼn pan en soteer die uie en knoffel tot sag. Roer die gemmer, koljander, saffraan en kaneel by. Voeg die vleis by en geur met sout en peper. Gooi die lam toe met water of lamaftreksel en laat prut vir 2 ure (voeg nou en dan water by indien nodig). Dreineer die blikke kastaiings en voeg by. Laat prut vir 10-15 minute tot die kastaiings sag is. Voeg die heuning by. Bedien met koeskoes of rys en vars koljander. (As jy gelukkig genoeg is om oorskiet te hê, draai dit toe in filodeeg en vries vir later. Onthou ook om die slaghuis te vra vir die bene van die lam. Gebruik dit om lamaftreksel te maak.)
http://www.pasella.com/pasella.php
Ondanks die pessimisme oor grondbesit bly landbougrond ’n goeie belegging, sê mnr. Ernst Janovsky, van Absa AgriBesigheid. Ondanks die pessimisme oor grondbesit en grondhervorming bly landbougrond ’n goeie belegging. Dit is beter om grond te koop as om geld in die bank te laat lê, sê mnr. Ernst Janovsky, hoofbestuurder van Absa AgriBesigheid. Janovsky het op Agri Noordwes se jongboerkonferensie in Lichtenburg voorspel dat grondpryse nog minstens vir die volgende drie jaar met 10% tot 12% per jaar gaan styg. “As jy jou buurman nie nou uitkoop nie, gaan dit oor drie jaar 30% meer kos.” Moenie blind staar Hy sê hy kan die besorgdheid oor grondbesit verstaan omdat dit ’n belangrike produksiemiddel is, maar mense moet hulle nie blind staar teen slegs grondbesit nie. In Amerika word net 3% van landbougrond deur die eienaars daarvan self, verwerk. Janovsky meen boere hoef hulle ook nie te kwel oor huurpag nie. “Dit sal net ingestel word op grond wat deur die staat besit en beheer word. Huurpag pas goed in by die stelsel van stamhoofde en kommunale grond en as die staat ’n huurder op grond plaas wat nie produktief benut word nie, is dit makliker om hom te verwyder en iemand anders in sy plek te plaas.” “Die landbou se prentjie bly optimisties. Produktiwiteit kan nog verhoog, daar is winsgewendheid en banke gaan die landbou bly finansier,” het hy gesê. 4 Junie 2010
http://www.landbou.com/nuus/koop-landbougrond-as-belegging
Louis Minnaar (Bittereinder / Yesterday's Pupil) is een van SA se mees talentvolste music video vervaardigers. As jy 'n aspirant film maker is, let asseblief op. Die basic elements vir 'n short film of 'n music video is om 'n goeie storielyn te hê, die kamera werk moenie 'n pot kak wees nie en die post-production moenie tot suig nie. Jy kan even 'n basic element vat en 'n vet storie daarom bou solank jy die skills het. Dit sit nie in enige doos met 'n handycam en Final Cut Pro se broek om iets cool te produce nie, maar as mens na MK kyk fokken wonder mens soms. En met soms bedoel ek 93.45% Ek is seker Louis het sy music video om 'n basic geraamte gebou van: "Fok, ek wens ek het 'n robot maatjie wat vir my kan draties kap. Ek raak moeg om elke aand my hand dood te sit voor 'n skommelsessie". Dis waar alles begin. Met 'n klein idee. Sorrie Louis, as dit nie die geval is nie moet jy maar self kom verduidelik vir ons. Hierdie is die official music video vir Yesterday's Pupil se splinternuwe album. Die album sal in sections verniet beskikbaar wees om te download vanaf 1 November in sections. Die eerste section se naam is "Singularity" By the way, jy kan Yesterday's Pupil en die Wedding Naaiers uitcheck by Assembly moreaand
http://www.watkykjy.co.za/2011/10/yesterdays-pupil-nuwe-music-video/
Party mense gee hulle kinders snaakse name. Mens is nie atyd seker hoekom nie en in later jare sukkel ouers om vir hul kinders te verduidelik hoekom ‘Ossewania’ of “Longtom” gedoop so oulik was, maar op die oomblik van naamgee het dit sekerlik maar mooi geklink. Dis seker verstaanbaar dat pa’s en ma’s weggevoer word tydens een of ander wêreldgebeurtenis en dat hulle dan voel hul kind sal graag daardie stukkie geskiedenis in die toekoms wil indra. Partykeer is dit darem ‘n ongelukkige keuse en vertoon die ouers hul gebrek aan insig. Ouers met vanne soos Pannevis, Hoogenboesem en Kraamwinkel dra sekerlik by tot hierdie fenomeen, maar name soos Langkloof Labuschagne en Disselboom de Bruyn het waarskynlik ‘n klein kans om in die geslagte aangegee te word. Ander ouers is net plein lui. Vat nou maar vir arme Sersant Dreyer. Dewet Vanschoor Dewaal Vanniekerk Dreyer. Vier boeties in daai gesin en almal dieselfde gedoop. Dieselfde doopbybeltjie is vir hul almal gegee, net met die verskillende datums versigtig ingepen. En so het Dewet, Vanschoor, Dewaal en Vanniekerk maar gedink alle gesinne werk so: alhoewel jy dieselfde gedoop is as die ander spruite in die huis, sal Pa duidelik ‘n onderskeid tref tussen Dewet (soet seun) en Vanniekerk (onhebbelike klein kwaaddoener). Toe Dreyer begin hare groei op areas wat voorheen kaal was, het hy hewig in opstand gekom teen die feit dat hy ‘n badkamer en ‘n identiteit deel met drie ander. Een kan nog gaan, maar altwee…! Op sy een-en-twintigste verjaarsdag het hy Pretoria toe geryloop en self by Binnelandse Sake sy voorname gaan skrap. Alhoewel die klerk agter die toonbank dit vreemd gedink het, het hy twee maande later sy identiteitsboekie ontvang: Dreyer Dreyer. Hy het dit dan ook goed gedink om hierdie stukkie inligting sommer daar en dan met die familie te deel , waarop sy bejaarde vader sy klere geskeur het en met as op sy kop rondgeloop het. “Hoe kon jy? Jy het met een onbesonne daad vir Oupa Van Niekerk skoon uit die familie gedryf. Ek weier om jou Dreyer te noem – jy sal Vanniekerk bly.” Dreyer het hard probeer om gemoedere te kalmeer. Daar was darem nog drie Vanniekerks, het hy uitgewys, en ‘n mens se oupa bly jou oupa, al sê die staat wat. Die boeties het gedink hy is ongevoelig, maar sy ma het hom daardie aand eenkant toe geroep en ‘n drukkie gegee. “Jy kan dit mos maar altyd weer terug verander as jy so voel, my kind. Oupa was iedergeval Dreyer Van Niekerk, so hy sal seker verstaan. Dreyer Vanschalkwyk Petronella Van Niekerk, staan voor in die Familiebybel. Ek dink hy was bly hy was nie die derde seun nie…” Kort daarna het hy die kursus by die Polisiekollege voltooi en toe gesorg dat hy sover as moontlik van sy tuisdorp gestasioneer word. Sy moeder het snikkend geroet en hier sit hy steeds: twintig jaar lank die polisieman op Rolbos. Almal ken hom as ‘Dreyer’ en niemand vra oor sy doopseël nie. Kleinpiet – na ‘n lang sessie met Boggel – na hom verwys as Dopdreyer, maar na ‘n nag in die sel het hy wyslik besluit die Sersant is nie een vir byname nie; en Dreyer het Dreyer gebly. Dreyer is gewoonlik ‘n pynlik netjiese man wanneer dit by tuinwerk en glasmerke op ‘n kroegtoonbank kom. Die blommetjies is altyd versorg en Boggel gee sommer al ‘n lap aan as hy instap. Daar is niks verkeerd met sy kreatiewe brein nie, sê Gertruida, dis die anderkant wat raas. In die polisiekantoor blink die toonbank en al die stoele is netjies gerangskik vir die ouens wat op Oujaarsdagaand kom kla oor die geraas in Die Township. (In die ou dae was dit Die Lokasie, maar Servaas het besluit om saam met die tye te verander.) Gedurende die res van die jaar gebeur maar min, met die gevolg dat die administrasie ietwat agterweë gelaat word. Dreyer se lessenaar staan kophoog vol pos: meestal van Hoofkantoor af. Daar is verslae van misdaadsyfers, prosedures wat voorgeskryf word, handleidings oor die regte van gavangenes, voorskrifte vir die ordelike instandhouding van polisiestasies, kennisgewings oor kriminele wat gesoek word en ‘n magdom papierwerk waaroor Stasiebevelvoerders moet kennis neem. Dis nou gewone bevelvoerders waar polisieëring ‘n noodsaaklike diens is – nie soos op ‘n plek soos Rolbos nie. Hier is steel en moord iets waaroor Oudoom preek en wat in Sodom en Gemorra gebeur. Noag slaap nie hier saam met sy dogters nie en Batseba laat nie Koning Dawid se tong (en ander organe – soos die president doen) uithang nie. Behalwe vir Oujaarsdagaande, is Dreyer nie die besigste man op Rolbos nie. Tot die bruin koevert in die posbus beland het, dit is: Die Geagte Minister en die Areakomissaris beoog ‘n besoek aan u bevelspos op 13 Oktober. Hulle is besig met ‘n inspeksietoer van afgeleë stasies en sal aan die Parlementêre Beleidskomitee verslag doen oor die noodsaaklikheid (al dan nie) van die voortgesette bestaan van genoemde stasies. Daar word van u verwag om alle tersaaklike dokumente en statistieke beskikbaar te hê vir ondersoek deur die inspektoraat. Dreyer vloek nie gewoonlik nie. As hy kwaad word, sal hy hoogstens ‘n stoel breek of ‘n kar skop – maar vuil taal hoor mens nie van hom nie. “Dis vandag die elfde! Magtag! Wat dink die minister van homself? Of dink hulle ek is hier om te hiet en gebiet?” Hy stap uit en skop na die polisiewaentjie – en dis net toe dat hy onthou van die bruinpaiersak onder in die liaseerkabinet. ‘n Hele rits swetsworde jaag vir Vrede in Voortrekker Weg af. Die papiersak het ‘n geskiedenis; een wat hom ‘n klip agter die verdwynende Vrede laat gooi. Dis mos dieselfde minister wat destyds daardie saak laat ‘verdwyn’ het. Die enigste arrestasie in jare en hy moet die man laat loop, sonder dat die reg sy volle gang gegaan het. Hy, Dreyer Dreyer, die bewaker van die gereg, moes toekyk hoe ‘n wetsverbreker glimlaggend uit sy aanhoudingsel loop en in ‘n lang, swart Duitse motor klim om vir altyd uit Rolbos te verdwyn. A sy navrae aan hoofkantoor (en een aan die Minister self), het dieselfde antwoord ontvang: Ons kan in hierdie stadium geen kommentaar lewer nie. Die dokumente van hierdie geval is tans in die Minister se sorg en hy sal weldra optrede (al dan nie) aanbeveel. Dis nou al drie jaar… Maar die papiersak is ‘n probleem. Dis nog steeds in die laai, waar hy dit gebêre het, met al sy notas oor die insident. Eintlik is die saak eenvoudig: Die polisie van Oranjemund het laat weet dat hulle amper ‘n vermeende diamantsmokkelaar op heterdaad betrap het. Diè man, ‘n bekende in hoë sosiale kringe, het na bewering die gepantserde vragwa wat elke week De Beers se diamante Kaap toe vat, probeer beroof. Sy modus operandi was eenvoudig: ‘n lading plofstof is in die pad geplaas en hy het bloot op die regte oomblik gewag om die voertuig die lug in te blaas. Op ‘n skerp draai, waar die bestuurder noodwendig stadiger moet ry, het hy ‘n streep dinamietstokke oor die pad geplaas met die elektroniese ontsteker. Hy het tweehonderd treë verder met ‘n verkyker gewag. Die man het natuurlik geen idee van die slinksheid van die plaaslike bevolking nie. ‘n Arbeider, op pad huistoe van Upington se kant af met sy fiets, het die bedrading opgemerk en ook kennis geneem van die man met die verkyker. Die arbeider (Willem Olyn, volgens die rekords) het doodluiters verbygetrap, vriendelik gegroet en ‘n ent verder van sy fiets afgespring. Getrou aan sy aard (volgens Upington se manne, by wie hy al etlike kere vertoef het vir klein oortredings) het hy al agter die Karoobossies langs gehardloop, die meeste van die draad gesteel en huistoe laat spaander. Die man in die voertuig het hom nooit eens gesien nie. Toe die diamantlorrie om die draai kom, druk die vermeende skelm die knoppie maar die lorrie verdwyn nie in ‘n wolk van rook en stof nie. Die bestuurder van die lorrie het onraad gemerk toe hy die man met die skakelaar in sy hand sien ronddans langs die pad terwyl hy beduie die lorrie moet stop. Nou moet mens weet De Beers is nie van gister af in die besigheid nie. Daai lorrie stop vir niks. Oudoom het eendag vir Servaas uitgevreet omdat diè sou gesê het selfs die Wederkoms sal nie die De Beers lorrie stop nie, maar dis eintlik waar. Kort van ‘n atoombom sal mens nie daardie voertuig sien stilstaan op ‘n openbare pad nie. Die bestuurder is natuurlik die heeltyd in radioverbinding met die onderskeie polisiestasies langs die pad en hy het toe hierdie eienaardige gedrag van die man bekend gemaak aan die naaste stasie – Upington. Dis hulle wat toe die dinamiet daar kry, die afgesnyde draad en al; en toe twee en twee bymekaar gesit het. Dreyer het die boodskap, met die beskrywing van die voertuig en die man, ontvang en besluit dat hy, gelukkig, weereens niks met die saak te doen sal kry nie. Toe hy egter by Sammie instap om sigarette te gaan koop, staan die voertuig voor die deur en die man is besig om koeldrank by Sammie te koop. Die res is geskiedenis, behalwe dat Dreyer nog dinamiet in die kattebak van die voertuig gekry het. Hy het wel die man gearresteer en opgesluit – totdat die Minister die volgende dag skakel om hom aan te sê om die man te laat gaan. Constitutional rights – het die minister gesê. Dis nou daardie nota’s en dinamiet wat nog in die liaseerkabinet lê, nie soos Direktief 645 b:1 – a (ii) van 1998 nie. Dreyer ken daardie direktief: alle plofstowwe moet in ‘n spesiale gebou met spesiale sekuriteit en spesiale veiligheidsmaatreels en lugversorging gestoor word. Die stasiebevelvoerder sal daagliks persoonlik inspeksie doen om te verseker dat die plofstof nog veilig en teenwoordig is. Daar sal maandeliks ‘n verslag op vorm Pol 396/a/1998/Hoofkant/a(ii) ingetuur word. Dreyer het nie. Nie ‘n gebou of lugreëling of inspeksie on verslag nie. DieKommissaris was uiteindelik baie duidelik: hy wat Dreyer is, het niks met die saak te doen nie – in teendeel: hy het nooit daardie man gesien nie. Die saak bestaan nie. Dis laataand as Dreyer oorstap na Boggel se Plek om die stof uit sy keel te spoel. Kleinpiet en Vetfaan weet daar’s ‘n inspeksie op pad en handhaaf ‘n respekvolle stilte terwyl Dreyer die eerste twee biere sink. “Moeilike dag, Dreyer?” “Aag magtag man. Jy weet mos. Inspeksie en als. Gee nog een.” Boggel skuif die bier oor die toonbank en Dreyer vee die oppervlak met sy sakdoek af. Boggel maak verskoning en gee ‘n skoon vatdoek aan. “Maar jy’s nou reg vir hulle?” Kleinpiet wil moed inpraat en stuur die gesprek na ‘n positiewe punt. “Nee. Ek sit met daai bliksemse dinamiet in my liaseerkas. Ek kan dit nie huistoe vat nie, want dan vat ek evidence uit die staat se sorg. Ek kan dit nie daar laat nie, dan gaan hulle my slaan met ‘n pak 5838(1998):subseksie 3(ii)a’s. Ek is in my moer.” “Steel dit. Beveg misdaad met misdaad.” Boggel se stem klink vrolik onder die toonbank. Hy’t seker ‘n halfjêk daar onder. Later sal Kleinpiet sê dit was Boggel se skuld. Boggel sal dit ontken. Maar almal weet dit was sy idee. Dreyer het ‘n saaknommer vir die diefstal van die dinamiet uitgemaak aan homself, en die dossier versigtig onder die mat onder sy stoel weggesteek. Hy is reg vir die inspeksie: laat hulle nou kom moeilikeheid soek met Vanniekerk Dreyer - die gedagte laat hom proes van verbasing. Kleinpiet het ander idees. Hy sukkel nog met die gate van die Happy Houses, en met die ses stuks dinamiet in sy sorg, kan daar mos iets goeds uit misdaad spruit. Geslagte Japanners kan mos voordeel trek uit die burokratiese hardlywigheid wat so op Dreyer se gemoed gerus het oor die afgelope jare. As hy nou maar daardie dinamiet gebruik vir hierdie heilige doel, dan heilig die dinamiet mos die doel, of hoe? Platnees is nie so seker nie. Die meneer help om die gate so te grawe dat ‘n dinamietstokkie presies daarin pas en so twee voet onder die grondvlak rus. Nou, soos die meneer verduidelik, gaan daardie stokkies die gate grawe waaraan hy seker ‘n maand sou gegrawe het. Hy is wel bly dis so maklik, maar dis ook nou sy eie arbeidsveld wat gekelder word. ‘n Maand se inkomste is ‘n maand se inkomste. Maar, aan die ander kant, mens stry nie met meneer Kleinpiet nie – sy neus is alreeds plat… Kleinpiet weet iets van dinamiet af. Hy was destyds in die geniekorps en ken die basiese moets en moenies van dinamiet. Al wat nodig is, is die slagdoppie en die lont. Steek aan, gee pad, kruip weg, boem! Dis mos maklik. Na die ladings gestel is, doen hy ‘n finale inspeksie. Hy is nie seker hoeveel dinamiet gaan wat doen nie, maar alles lyk in orde. Hy korrel oor die netjiese ry lonte wat by die gate uitsteek en besluit selfs Precilla sal tevrede wees met sy beplanning. Dan steek hy die eerste lont aan die brand. Dis nie altyd so maklik om ‘n lont te laat vlamvat nie. Dis nie soos krismisklappers nie. Die lont wil weet dat jy regtig, regtig hom wil aansteek voor dit begin sploeter. Hy hardloop na lont nommer twee toe, trek ‘n nuwe vuurhoutjie en loer skrikkerig oor sy skouer. Daar is nog tyd. Nommer drie lont vat vinniger en toe hy by nommer vier is, sien hy nie meer vir lont nommer een nie. Hoe vêr het dit al gebrand? Het hy tyd vir vyf en ses? En as hy hulle nie brand kry nie, sal hulle nog kan werk as hy dit later wil laat ontplof. Lont vier is ‘n tipiese Nuwe Suid-Afrika lont: dit staak. Daardie lont weier om te brand, maak nie saak hoe lank die vuurhoutjie onder sy punt gebou word nie. Kleinpiet vloek, vee die sweet af en trek nog ‘n vuurhoutjie. Hoe ver is nommer een? Hy is skielik jammer dat hy nie vir Platnees van die ander kant af laat begin het nie. Die twee van hulle sou lankal klaar gewees het. Nommer vier besluit om sy nonsens te stop en vat skielik vlam. Vyf brand gou en ses begin net vonkies maak voor Kleinpiet laat waai. ‘n Man moet ook nie die Voorsienigheid so toets nie. Dis heiligskennis. Hy het net langs die trekker platgeval toe die eerste lading ontplof. “En dit, Minister, is die stilste stasietjie in die Noorde.” Die Areakommissaris is altyd baie versigtig vir die Minister – ‘n man met wie niemand moeilikheid soek nie. Hulle het sopas in Voortrekker Weg ingedraai en die Kommissaris soek naarstigtelik na die landsvlag, wat sal aandui waar die polisiestasie is. Almal het egter gehoor dat die dorp ‘n ministreieële besoek gaan kry en voor elke gebou hang ‘n vlag. “Very patriotic town.” Merk die minister op. “Cosatu must be very active here.” Die Kommissaris knik. Hy sal nooit met die Minister stry nie. Maar waar is die polisiestasie? Hy soek na die blou lig wat dit sal aandui, min wetend dat die lorrie van Kalahari Transport dit al twee jaar gelede afgery het toe die bestuurder vir die slaggat uitgeswaai het. “Where is the station, Commissioner?” “E, wel, in hierdie straat, Minister.” Dan, tot sy verligting, sien hy hoe Dreyer by Sammie uitstap en by ‘n ander gebou ingaan. “Daar, Minister, dis waarheen ons gaan.” Hy probeer sy bes om sy verligting te verbloem. “Gee gou ‘n bier aan, Boggel, die blêrrie minister is nounou hier. Magtag, het hy nie iets beters om te doen nie?” Boggel se hand kom bo die toonbank uit met die vars oopgemaakte bottel. “Wat gaan jy maak as hulle die stasie wil sluit, Dreyer? Jy’t gesê die ouens kom inspeksie doen om te besluit waar hulle kan geld spaar.” “Ek dink my kanse is nul.” Dreyer sluk diep. “Hier gaan maar min aan en selfs op Grootdrink is daar meer huismoles en dronkenskap as hier. Rolbos is ‘n vervelige, saai plekkie en ek dink hulle gaan my vlag stryk.” Boggel weet dis tyd om stil te bly. As die Minister en die areakommissaris by die deur instap, is Boggel en Dreyer net so verbaas as hulle. Die kommissaris se uniform is netjies gestryk en sy rangtekens blink in die lig. “This is not the police station.” Die Minister was nog altyd bekend vir sy skerp waarnemingsvermoë. “This is a bar. And I see an officer in full uniform drinking while he should be behind his desk. Make a note, Commissioner!” Dis die einde, besef Dreyer. Hy weet mos: van daardie dinamiet-storie se tyd wag die Minister om van hom ontslae te raak. Die inspeksie is deel van daardie komplot, maar nou het hy onwetend – en met ‘n besondere gebrek aan insig – presies die gereedskap vir sy ontslag uit die Mag in die Minister se hande geplaas. Hy moes nooit hier by Boggel ingestap het nie. Dreyer se Oupagrootjie, Delange Debeer Dreyer Van Niekerk, was een van die rebelle wat in 1914 nie teen Duitsland wou veg nie. Toe die manne kom om hom te arresteer, het hy doodluiters op sy stoep gesit en wag. Hy het hulle vriendelik gegroet en gevra of hulle wou koffie hê. Onseker oor wat om te antwoord, het daar ‘n kort stilte oor die geselskap neergedaal, voor Delange die ou Colt uitgetrek het en wild onder hulle begin skiet het. Daarna het hy in die berge verdwyn tot na die oorlog. Wat goed genoeg was vir Delange, is goed genoeg vir my, besluit die sersant. “A beer, your excellency?” Op daardie oomblik tref die skokgolf van die ontploffings op Verlorenfontein die dorp. Die kroeg se vensters ratel en ruk en die deur swaai met ‘n slag oop. Daarna kom die klank van ‘n geweldige ontploffing. Die Minister se oë rek wyd en sy mond val oop. Stof sif van die plafon oor die Kommissaris se netjiese uniform. “What the hell was that?” “Aai dink dat was a ontplofthing.” Boggel haal sy beste Engels uit om die Minister te beïndruk. Almal storm buite toe om te sien wat gebeur het. Vêr buite die dorp rys ‘n eienaardige stofwolk hemelwaarts. “Aai dink das ‘n mushroom.” Mens sou sweer Boggel weet waarvan hy praat. Dreyer kry ‘n swaar gevoel hier in die diepte van sy bekken. Daardie stofwolk hang nêrens anders as reg bo Verlorenfontein nie – en Kleinpiet het mos juis die gewraakte dinamiet gevat. “Ek moet gaan ondersoek instel. Verskoon my, Minister.” Die sweet begin in sulke fyn druppeltjies op sy bolip vorm. “We will join you.”Die Minister se vasberabe stem maak seker dat daar nie teepratery is nie. “Oh, nee, Minister,” Boggel staan so regop as hy kan en loer oor die toonbank. “Those manne is just making a dam. For as the rains comes, understand? Let the sersant go and make sure while I serve you some food. You look hungry…” Onkundig oor wat om te doen, draal sy stem weg in onsekerheid. Die Minister is nie verniet ‘n Minister nie. Sulke ouens weet van bedel en aalmoese. Of dit nou ‘n aandeel in ‘n nuwe myn is, of ‘n versnaperingtjie as die maag begin grom, sulke mense betaal tog nie vir hul voorregte nie – allermins. Hulle gaan so van plek tot plek op die vrees, entoesiasme of hoop van die mense wat hulle regeer. Een ding is seker – sy parlementêre kredietkaart word nie gebruik om kos te koop nie. Die Minister, wat nog half wonder of hy nie moes saam nie, staan nog met sy een hand in die lug om Dreyer te keer, maar die sersant skarrel gou uit, spring in die polisiewaentjie en jaag in Voortrekkerweg af. “Ons het scrambled eggs en worsies,” Boggel is nie ‘n ou wat jy maklik (by wyse van spreke) onder kry nie. Vanniekerk Dreyer, sê hy vir homself, vandag gaan jy lyke uitken. Hy ry deur die digte stofwolk wat oor die pad sweef en is amper verby Verlorenfontein se hek voor hy dit raaksien. Ook gelukkig maar so – want reg in die middel van die afdraai lê ‘n tamaai groot rots. Daai klip kom net van een plek af… Deur die stof maak hy net-net uit waar die skuur gestaan het. Dit lyk soos die Twin Towers nadat hulle inmekaar gesak het. Geskeurde sinkplate rys hemelwaarts en die gebuigde ysterraamwerk steek stukkende vingers die lug in, soos iemand wat onder in ‘n losskrum vasgekeer is. Die ses rondawels is skoonveld. “Kleinpiet?” Hy roep sommer so in die afklimslag maar iets in hom wèèt: die spul is almal versprei oor die vlaktes van die plaas. Wie was almal hier? Precilla was mos in die apteek toe hy gery het? Dan is dit seker net Kleinpiet en Platnees…of het hulle hulp gehad? “Kleinpiet?!” Harder; dringender. Precilla is teen hierdie tyd ook in die kroeg, waar die Minister inlê in die eiers en wordsies, met ‘n stomende beker koffie voor hom. Boggel het ‘n manier: as hy senuweeagtig is, klim hy bo-op die toonbank – soos ‘n nuuskierige meerkat, dink sy. Die hoogere mense in die kroeg demp haar vrae – sy weet wat Kleinpiet beplan het en as sy nou hier iets verkeerd sê, is sy ook aandadig aan die vernietiging van bewysstukke. “Daai dambouers het seker nou ‘n groot rots geskuif?” Boggel probeer om Precilla se onuitgespreekte vraag te antwoord voor sy iets verkeerd sê. “Dam? Janee, ek hoop net hulle het net rotse geskuif. Dit was darem ‘n groot slag.” “More coffee, Minister?” Boggel vat sommer die beker en verdwyn agtertoe. Die Minister breek ‘n massiewe wind en sit vol genoegdoening terug. “Commisioner, shouldn’t we be getting on with the inspection?” Die blink horlosie op sy arm word versigtig inspekteer. Die Areakommissaris sluk aan sy koffie: “Ons moet wag vir die Sersant. Dis volgens die voorgeskrewe prosedure.” “Well. OK. Where’s the coffee.” Boggel stoot die spesiale beker oor die toonbank voor hy self opklim. As die stof effens sak, merk Dreyer die trekker op. Daar is iets verskrikliks verkeerd met daardie trekker, dink hy. In sy skok en ontnugtering vat dit ‘n volle minuut voor hy besef dat hy die ereeD nhoJ waarna hy kyk, eintlik ‘n trekker is. ‘n Onderstebo trekker, weliswaar, en nie meer in toonvenstertoestand nie; maar nogtans ‘n trekker. Dan hoor hy die kreun. Net voor die groot agterwiel steek ‘n paar bene uit. Wie-ook-al daardie bene gehad het, se lyf verdwyn onder die wrak in. Het die linkervoet beweeg? Hy draf om om die res van die mens aan die ander kant te gaan soek. Dreyer se brein werk in donkierat. Dis as of hy alles, stukkie vir stukkie, aanmekaar moet sit om sin van die omgewing te maak. Aan die ander kant van die trekker speel sy kop weer legkaart-legkaart. Dis duidelik dat hier ‘n liggaam is – of was. Dit lyk soos die hopie grond wat mens op ‘n vars graf kry, dink hy, behalwe daat daar nie arms weerskante uitsteek by die gemiddelde graf wat ek al gesien het nie. Terwyl hy versigtig aan ‘n hand trek, kom die anderkantse hand in ‘n boog deur die lug en klap hom so hard agter die kop dat sy een tand se enamel afsplit. Die graf-hopie rys uit die rommel – en nou eers sien Dreyer dat die omgelsane trekker se sitplek netjies oor die gesig geval het om ‘n klein, rommelvrye spasie vir die kop te skep na die ontploffing. Die kop hoes en ‘n klompie klein stukkies gruis spat in verskillende rigtings. Wie is dit? Kleinpiet het immers ‘n dos swart hare gehad en hier is nie sprake van hare nie. En Platnees het nie baie hare gehad nie, maar sy lippe was nie sò dik nie. “Wie’s jy?” Dis miskien ‘n dom vraag vir daardie oomblik, maar die sersant moet mos erens begin, nie waar nie? Sy antwoord is nog ‘n hewige, hees hoesbui, terwyl een stowwerige hand teen die area begin slaan waar mens die borskas sou verwag. Dreyer merk vir die eerste keer op dat daar nie bloed is nie. Die stofman probeer iets ê maar dis net ‘n onaardse kwaak wat uitkom. Water! Die man het water nodig! Dreyer draf na die polisiewa en bring sy waterbottel. Die hand vat dit en druk dit so diep in die stofmond in dat Dreyer vir ‘n mal oomblik dink die kop se bodem is weggeskiet. “G-o-e-i-e J-i-m-i-l!” Die kop praat stadig in ‘n onherkenbare stem. As die hand die bottel los, sprinkel Dreyer van die water oor die gesig. Modderstrepe loop oor die rooi voorkop en wange. “Kan jy beweeg?” “Natuurlik!” Die kop het wonderbaarlik herstel. “Dink jy ek is lam?” Met dit wikkel die lyf onder die trekker uit. Nou eers herken Dreyer iets van Kleinpiet: dit lyk soos sy skoene. “Kleinpiet?” Die stofman kyk verbaas op. “Nou wie’t jy gedink is dit. Hê?” Die Minister is op sy derde beker koffie en Boggel staan reg met nog een. “In fact,” die Minister is besig om aan almal in die kroeg te verduidelik dat hy besig is met ‘n belangrike inspeksie, “in fact, this station is not so good.” Hy waggel op sy voete. “Shomewhat incompetent. Shomewhat. Even before the inshpection, I can catagorically state ish not sho good.” Die Areakommissaris stem saam: “Your holiness, I can only agree with such wishdom. Rolbos isha washte.” Precilla het lankal agtergekom wat Boggel besig is om te doen en sy knikoog vir die gestremde mannetjie. Die twee is so besig om die Minister en sy kommissaris bedwelmd te maak met die gelaaide koffie dat hulle albei skrik as die kroegdeur oopswaai. “Kleinpiet?” Precilla se oë rek as sy na die eienaardige kreatuur aan Dreyer se sy sien. “Kleinpietie?” Die uit die borskas van die groot man kom ‘n krakerige geluid wat ‘n antwoord kon wees. Die rooi gesig, dik lippe en die afwesigheid van alle hare laat Precilla nog twyfel. Sy draai na Dreyer: “En Platnees?” “Geen teken nie, ek is bevrees. As die stof gaan lê het, sal ons begin om liggaamsdele te soek. Daar kan nie baie van hom oor wees nie.” “Whasish aal about?” Die Minister loer oor die rant van sy beker. “Dis die dambouers, Minister. They blew up something.” “Oh. My. Ishit okay?” “O, ja, Minister. Geen probleem.” Boggel gooi nog van die droë, groenerige blaartjies in die koffiekan voor hy skink. Die Minister kyk vir die Areakommissaris met een oog en begin onbeheersd giggel. Hy trek ‘n stadige, dik vinger deur die olierige oorblyfsels van die eiers op sy bord en lek sy vinger behaaglik af. “Gooood.” Teen hierdie tyd het Precilla vir Kleinpiet in die apteek en sy was die rooi gesig versigtig met ‘n ontsmettingsmiddel af. Behalwe vir die dik lippe en die verlies van sy hare, het Kleinpiet redelik lig afgekom van die ontploffing. “Ek sê jou, Precillatjie, as daai John Deere nie presies daar gestaan het, en presies omgedop het soos hy gedoen het nie, was ek bokveld toe.” Hy kreun hoorbaar: “Maar die skade… ek wil nie eens dink aan alles wat nou tot niet is nie.” “Now we musht look at the dam. Ha! The damn dam! Ish funny. Dam dam dam, dam dam da dam” (Boggel herken iets van Babara-ann uit die sestigs). Hoe meer Boggel en Dreyer vir die Minister probeer oortuig dat so ‘n inspeksie ongewensd sou wees, hoe meer vasberade raak die man om te gaan kyk na die nuwe Rolbosdam. Die Kommissaris het homself lankal verskoon en lê dwars oor die agterste sitplek in die ampsmotor. Dreyer besluit later dis sinneloos om met die bedwelmde minister te stry en laai hom in die polisiewaentjie. “Letsh go!” bulder die Minister. Die Minister ontdek weer die vreugde van sang. Hy was in sy jeug deel van ‘n kerk koor en sing nou Jesus loves me op Shosholoza se wysie. Dis nogal aansteeklik en Dreyer val ewe gedweë in as die liedjie oor en oor herhaal word. Die Minister se pogings om koorleier te speel raak al hoe meer entoesiasties en sy plomp hande dirigeer met soveel ywer dat Dreyer later sy hand op die rathefboom moet hou om te keer dat die polisiewaentjie nie skielik in trurat beland nie. Dreyer ry behendig om die nuwe rots by die hek van Verlorenfontein en merk op dat die stof nou heeltemal gaan lê het. Die skade is nou duidelik: die stoor, die rondawels, die windpomp – alles staan in sulke skewe hoeke en draaie: dis duidelik dat Kleinpiet aansienlike bouwerk op hande het. Sy oë soek-soek na enigiets wat dalk aan Platnees se lyf kon vasgewees het. Die krater is indrukwekkend. Waar die Happy houses moes staan, is nou ‘n langwerpige sloot wat uitgeruk is tydens die ontploffing. Dreyer het laas so iets gesien toe hy op die grens diens gedoen het. ‘n Mig het teen ‘n bult vasgevlieg met ‘n vol lading bomme… “Ish a gooood dam.” Die Minister is so beïndruk dat hy sommer ophou sing. “And even now, in fact, filling up nicely.” Die dirigent-hand beduie gat se kant toe, en vir die eerste keer sien Dreyer die water wat onder in die gat versamel. Hy probeer sy verbasing wegsteek maar as hy klein borreltjies sien opstyg na die oppervlak, is sy eerste gedagte dat Platnees dalk onder daardie oppervlak lê. “My magtag! Ek moet gaan help!” Die Minister verstaan nie en staan oopmond vir Dreyer en kyk as diè met ‘n dolle vaart in die gat inklouter. Die eerste ding wat Dreyer besef as hy by die water uitkom, is dat Platnees waarskynlik teen hierdie tyd goed gaar moet wees. Die water is kokend warm. G’n mens kan oorleef in sulke warm water nie… “It’s hot,” skree hy. “Jaa,” sê die Minister, “I think it’s alwaysh hot here.” Hy trek weg met It’s a Rainy Day in Georgia. “Nee, man. The water! It’s too hot. Look: it’s boiling!” “No, you stupid, you must be joking?” “The name, Mister Minister, is Sersant Vanniekerk Dreyer. I am a loyal member of the SAPS. If anybody around here is stupid, its that blerrie Minister who hides agter constitutional rights. If I says this water is boiling, you beter dit glo!” Die Minister gaan sit op sy hurke soos hy lag. Dis die snaakste ding wat enigiemand nog vir hom gesê het. “Jôôô…” Platnees staan op die rant van die krater en beduie na die water. Dreyer vlieg om, storm teen die walle van die gat uit en omhels die stofbedekte karikatuur van ‘n mens wat daar staan. Platnees, soos Kleinpiet, lyk nie meer baie soos hy gelyk het vroeër vanoggend nie, maar dis onmiskenbaar Platnees. Sy klere is in flarde en sy oë staan onnatuurlik wit uit teen die vuil gelaat wat met stof, bossies en stukkies rommel versier is. “Good, good, good relations..” sing die Minsiter op die Beach Boys se deuntjie. “Waar was jy, Platnees? Wat het gebeur? Is jy oukei?” Dreyer val oor sy woorde. “Eish! Platnees hy skrek so groot, meneer! Toe ek sien Kleinpiet hy sokkel met die fuses, toe denk ek Platnees – jy moet hier wegkom. Hier kom die groot trouble. Ek hardloop venneg, banja venneg, maar daardie dynamyte hy es venneger as ek. Ek hoor hier by my kop: moenie omkyk nie – moenie omkyk nie! Maar soos ek omkyk, daardie dynamite hy explode en hy gôi my by die lug. Hy smêsh my so hard, ek voel die asem hy loop by my lyf uit. Toe ek wakker word, ek sien meneer Dreyer en die ander klong hier staan. Nou ek report vir duty.” “Kookwater? Op Verlorenfontein? Magtag!” Kleinpiet – sy kop in doeke toegedraai soos ‘n Arabier van ouds – sit by die toonbank met ‘n koue bier. Precilla staan agter hom: sy’s bang hy val van sy stoel af. Teen hierdie tyd is die hele dorp in rep en roer en almal wil die storie hoor. Die Minister, wat intussen weer begin nugter word het, ondervind ‘n dors wat laas naby Karmel ervaar is. Boggel bly die perfekte gasheer en dra koffie aan – koffie wat volgens sy spesifikasies, net die regte hoeveelheid groen blaartjies inhet. Hy laat dit so drie minute trek en vis die blaartjies versigtig uit voor hy dit bedien. Dit vat nie lank vir Jesus loves me om te herleef nie. Die kommissaris is ‘n man wat verder dink en hy het by Precilla aangeklop vir hoofpynpille. Gelukkig het Ta’ Hybie se mediese fonds nog nie agtergekom hulle moet Ta’ Hybie se voorskrif kanselleer nie, en kon Precilla ‘n hele handvol antidepressante aan die polisie-offisier verkoop – teen ‘n spesiale prys. Steeds in sy uniform, lê die hoogere man nou op die enigste plat oppervlak wat hy kon vind – die toonbank in die polisiestasie. En na die oopskiet van water op Verlorenfontein was dit aand en dit was môre, en die oggend was aaklig in die oë van die mense, want die son het met verblindende krag die kortsigtigheid van die vorige aand sigbaar gemaak. En die mense van Rolbos het hul hoofde vasgehou en in groot erns aan mekaar bekend gemaak dat hulle almal, elkeen van hulle, nooit, ooit, nooit weer aan enige brousel gaan raak wat deur Boggel voorberei is nie. Die nimlike Boggel het vroegdag klaargemaak met die tel van die geld in die trommeltjie onder die toonbank. Alhoewel dit ‘n besondere aand se gekuier was, moes hy saggies fluit – hy het nooit kon dink daar is soveel geld op Rolbos nie. Ten spyte van die dorp se edele voorneme, sit die hele spul teen elf-uur by Boggel, wat ewe onskuldig lemoensap aan almal bedien. Dis nou almal, behalwe die Kommissaris wat nog diens doen op die toonbank in die stasie. Die Minister is ‘n skamele skadu van homself waar hy met bloedbelope oë na sy lemoensap sit en staar. “It must be that explosion. I have never felt so bad in my life. I think some of the gasses that boil through the water must be toxic.” Met sy woordeskat het hy lankal die mense rondom hom verloor – maar hulle verstaan wel dat hy nie so goed voel nie. Kleinpiet lyk vandag baie beter en na sy uitbundige ontmoeting met Platnees, sit die twee rondom ‘n hoektafeltjie en gesels. Dis duidelik dat hulle besog is om groot planne te beraam. “Minister,” Kleinpiet het oorgestap na die politikus wat met ‘n besondere gebrek aan entoesiasme opkyk, “I wants you te make a vennootskap. If Verlorenfontein becomes Fonteingefonden, we can make more money than I can from my skape, you know? If I have a black vennoot, we can hold sommer groot partytjies there and charge people to swim in the hot waters.” Boggel is nie links nie: “Talking about charging: this here Minister owes the kroeg ses-honderd-en-dertig Rand en ‘n paar sente. Minister sal seker reg maak as hy ry?” Die Minister kreun en haal sy beursie uit wat hy met doelbewuste bewegings omdraai en bokant die toonbank skud. Die enigste ding wat uitval, is die parlementêre kredietkaart. Boggel, met ‘n ratsheid wat almal later oor sou praat, gryp die kaart en hou dit triomfanklik in die lug. “My goodness, Your Excellency, this is a Diner’s Club. Ek het nog net hiervan gehoor maar nog nooit een gesien nie. Check, mense, die minister het ‘n onbeperkte kaart!” Die Minister gee so ‘n skewe glimlag en vertel dat mens met so ‘n kaart ‘n helikopter kan koop, daar is geen beperking op, mits hy net verklaar wat hy daarmee gedoen het nie. Dit is ‘n fout. Twee verskriklike dinge gebeur hierna: - Die dorpsmense vergeet heeltemal van hul vroeëre besluit om nooit-ooit weer van Boggel se ware te gebruik nie, prys die minister en begin op sy rekening partytjie hou - Na die derde dop is die Minister en Kleinpiet vennote in die Kalahari Spa en Warmwaterbron. Rolbos kan beskryf word as ‘n vervelige plek as mens met Voortrekkerweg deur die dorpie ry. Dit lyk regtig as of daar niks gebeur nie. Miskien is jy gelukkig genoeg om op te merk dat daar ‘n polisiestasie is en as jy mooi kyk, sien jy dalk die kroegie. Die groot aantrekkingskrag op Rolbos is sekerlik die nuwe Kalahari Spa met sy mineraalbaddens. Die polisiestasie is netjies, soos altyd, met Vanniekerk Dreyer tot u diens. Na die ontploffing het hy besluit dat Dreyer Dreyer regtig nie iets sê van sy persoonlikheid nie. ‘n Man moet vashou aan jou geskiedenis, sê hy altyd. Onder die oppervlakte van ‘n barre landskap skuil ‘n verborge fontein – dis so met mense ook. Dit vat net soms ‘n hengse ontploffing om dit te ontdek. Sou jy stop en vra, sal almal jou verseker dat hulle maar ‘n saai en eentonige bestaan voer daar tussen Bokkop en die vlaktes. En as jy regtig dom is, sal jy hulle nog glo, ook. ——————————————————————————————- Nou beskikbaar is slapband Koop nou…
http://rolbos.wordpress.com/2012/05/
Soek jy dop? Wat van 'n bottel Jagermeister? Jy like mos heavy van shooters. Behalwe van die kompetisie wat Jagemeister self run waarin jy 'n poescool Smeg fridge kan wen was hulle gaaf genoeg gewees om vir Watkykjy twee bottels van die beste medisyne te gee om weg te gee aan twee gelukkige Watkykertjies. Jy drink mos in elk geval die goed soos koelrdank heeltyd en raak dan gespat en neem foto's van jou en jou tjommies wat jy op Facebook plak. Dan maak julle sulke duckfaces en dan is julle so fokken snaaks en alles. Gooi daai house party van jou! Stuur vir ons 'n foto waarin jy en jou tjommies Jagermeister nuttig. Ons kies die twee beste foto's, sit dit op Watkykjy en tune die gawe mense by Jagermeister om vir jou 'n bottel van die beste te gaan aflewer. Ons sal julle kans gee tot eerskomende Woensdag om julle entries in te kry, want ons fokof Donderdag moerse vroeg Mieliepop Festival toe. Jy kan dus die naweek party, mal raak en kiekies neem. Maybe is jy reeds uit oppie jol vanaand omdat dit phuza Thursday is en daar is klaar fotos op jou mobile. Ons moet darem kan sien dat jy Jagermeister klap. As niemand insrkyf nie, zoi ons die drank self en vat dit saam met ons na die festival toe. En nee, jy kan nie 'n fokken slukkie kry nie. Blerrie nool. Looi jou entries na griffin at watkykjy dot co dot za
http://www.watkykjy.co.za/2012/10/score-n-bottel-jagermeister-ons-gee-twee-weg/
BY BOB SAUNDERS, VICE-CHAIRMAN Last month saw a different format newsletter,. This month we have expanded on, and hopefully even improved on the last one. To those of you who gave feedback (fortunately none negative) a big thank you for that. What is, however, a bit disappointing, is the lack of response to the call for dialogue from branch members as to your needs or any wish-lists. As your committee we plot and plan as best we can, but, bottom line is that if you do not participate either by attending meetings or corresponding with us on issues/topics needing attention, we are oftentimes floundering in the dark. So on behalf of your committee I reiterate the invitation and encourage you to keep the debate lively – even by merely playing devils advocate. JULY 2009 COMMITTEE MEETING July saw your committee focusing at length on the points raised at the workshop held at the March branch meeting. The items raised were analyzed and summarized by Bob. It resulted in a total of 20 points for discussion. These were tackled in the order in which they were raised at the March meeting. There was not enough time to discuss even half of the points raised. Thus, we will resume the marathon at the next committee meeting and report fully after we have dealt with all the issues raised. There will be a whole host of proposals (I believe) for each member to consider and comment on prior to any implementation. We will keep you posted. JULIE 2009 SE TAKVERGADERING Vir diegene wat nie die vergadering bygewoon het nie: ons het vir die eerste keer van Kriek Fourie as spreker gehoor -- op ‘n heel nuwe en unieke. Die onderwerp was sy ondervinding met die opteken van ou Familiebegraafplase in die Langkloof, Oos-Kaap. Met die gebruik van beskikbare tegnologie is ons (amper fisies) deur ‘n gedeelte van die Langkloof geneem deur middel van Google Earth en Lucas Rinken se vaardigheid daarmee. Met Kriek as toergids is ons van Joubertina deur Krakeel en Louterwater na die plaas Kransfontein (onder andere) geneem om die begrafplasies te vind. Later is die fotos, wat deel was van sy opname aan ons getoon. Terwyl Lucas die “muis” bestuur het, het Kriek ons met allerhande stories en ervaringe vergas. Dit was 'n belewenis soos min. Dankie aan beide here vir die ongewone, maar interesante vertoning. Foto: Die Langkloof, soos gesien van Joubertina. AUGUST 2009 BRANCH MEETING As previously advertised, please note that our August meeting will not take place on the customary third Saturday of the month due to our branch hosting the National Executive Committee meeting. We have thus opted to hold both events on the same day, and so the branch meeting has been moved out to 22 August 2009. At the conclusion of the NEC meeting, the branch meeting will be addressed by the recently elected President of the GSSA, Hendrik Louw (left), who is no stranger to us. Note that Lucas has extended an invitation to NEC members present to join us for the branch meeting should they have the time and inclination. So we look forward to a larger than normal gathering. Hendrik’s topics will be: 1. GSSA the Society - Who is the GSSA; - Member needs; - How does the GSSA fit into the global genealogy picture; - Thoughts on strengths and threats for GSSA; - Products and - Support with regard to the advancement of GSSA (External websites etc.) - SAG (GISA) versus e-SAGI (GSSA Gauteng-West) - Public domain - Researchers thoughts on "review and summary" Soos verlede maand aangekondig, het e-SAGI die 500000 -naam mylpaal behaal. Danksy Lucas en 'n baie klein span van helpers, word hierdie projek verfyn. Daar verskyn egter nog baie duplikate op die databasis en ‘n versoek word gedoen om te help met dié takprojek. Vrywilligers word benodig om ‘n familievan aan te neem (dalk jou eie) en deur die name te soek vir moontlike duplikate en Lucas dan daarvan te verwittig. Dit sal die proses grootliks help indien hy hulp kry van ons taklede. Maar dit is nie al manier wat jy ‘n bydrae kan maak tot e-SAGI nie. Die byvoeging van jou familie is noodsaaklik asook die normale onderhoud daarvan elke keer as ‘n sterfte of geboorte plaasvind. Stel Lucas asseblief in kennis soos en wanneer nodig. PERSOONLIKE ERVARINGS Neels Coertse het ná ontvangs van verlede maand se nuusbrief, aan ons geskryf en vertel van ene tannie Bessie du Toit: Ek was sowat twee weke gelede Hopetown toe met die hoop om om daar of in doe omgewing iets van my Hopetown-COERTSE's te spoor - amper soos daardie diamant wat jare gelede daar ontdek was. Ek het besonder baie inligting gekry. En ook op die koop toe met 'n familielid gesels: tannie Bessie DU TOIT (links) wat op 23 Februarie 1907 gebore is en gedoop op 19 Mei 1907. Sy was in Strydenburg in die ouetehuis - 102 jaar oud. Toe ek haar skakel toe antwoord sy self haar telefoon en ek stel my voor. Sy vra dadelik: "Hoe spel jy jou COERTSE?" Ek: "Tannie, met 'n S." Sy: "O, nes my oorlede mammie. Kom jy vir my kuier?" Toe ek haar vra of sy weet wanneer sy gedoop is, het sy nee gesê en ek gee die datum vir haar. Sy gryp haar pen en skryf dit op haar kalender neer. Sy het nog elke dag haar dagboek opgeskryf daar waar sy in die son sit. Haar skoondogter het my vertel dat tannie Bessie elke dag die dagboek begin met: "Dankie, Heer, ek het lekker geslaap." En ek het die wonderlikste klankopname van haar gesprek gemaak. Ek het ook met haar seun en skoondogter op Hopetown gesels. Ek het laas week vir haar twee foto's gestuur wat ek van haar geneem het. Ek het net nou net gehoor sy is vandag oorlede. Dankie vir hierdie storie, Neels. Dit demonstreer hoe belangrik dit is om met die ouer geslag te praat. Jy het ook die tegnolgie ingespan en ‘n opname van jul gesprek gemaak asook digitale foto's geneem. Ek dink die ervaring het jou ook diep geraak en jy is ryker as gevolg daarvan. Penny Evans (left) also sent me a little report of her experience in Barberton whilst looking for some ancestral history. I went to Barberton in July last year to search for information about the Gass family. I was advised to go to the museum. The staff at the museum have recorded information that has been on the historical voters rolls, marriage registers, and church records. I had not expected to find any family history there, so I was really thrilled to come across baptism dates, addresses, occupations, firearm licenses and even still births relating to the Gass family. They were unable to find any photos of my great grandfather, but they had a copy of an interview, done by a local historian, with one of the Gass descendents. The staff were very patient and helpful. A day to remember! Thank you Penny. It is always a thrill to find something unexpected whilst doing research, and your story should serve as a reminder to us not to overlook the museums in the areas where our forebears lived as a source of information about the history of their times. One never knows what valuable information may be gleaned in this way BRANCH LIBRARY A reminder to our members that we have this modest resource which is growing slowly, but surely. It is at your disposal at every meeting. Please make use of it, and consider donating books, journals or magazines of historical and genealogical significance once you have tired of them so that others may benefit. Remember that Graham Southey is currently the curator of our collection. All matters relating to the library can and should be taken up with him or any of the office bearers. ANDER TAKNUUS Die Noord-Transvaaltak adverteer tans 'n simposium in September 2009 wat belowe om interessant te wees. Hieronder ‘n uitreksel uit hul nuusbrief hieroor: SIMPOSIUM 12 SEPTEMBER 2009 - CENTURION RAADSAAL, BASDENLAAN 242 LYTTELTON Ons maak goeie vordering met die reëlings vir ons simposium. Dit is ons hoogtepunt van die jaar en die simposium wek belangstelling ver buite ons kringe. Kaartjies kos R110 vir GGSA lede en R130 vir nie-lede. Ons het reeds 21 kaartjies verkoop, maar ons moet nog sowat 70 verkoop om die koste te dek. Ons doen ‘n beroep op ons lede om so gou as moontlik hul kaartjies te koop en vra dat u ook in u familie en vriendekring hierdie simposium sal adverteer. Die program is hieronder. SINERGIE TUSSEN GENEALOGIE, GESKIEDENIS EN KULTUURGESKIEDENIS 08:45 -09:30 Registrasie en Verwelkoming EERSTE SESSIE ARGIEWE 09:30-10:15 South African National Archives: Dr Graham Dominy, national archivist (45 min) 10:15-10:45 Korporatiewe argiewe: stand en toeganklikheid vir die navorser: Anri van der Westhuizen, argivaris van Unisa (30 min) 10:45-11:00 Vrae aan die paneel (15 min) 11:15-11:45 Tee TWEEDE SESSIE MUSEUMS 11:45-12:15 Museums as bronne van inligting vir die navorser: Cecilia Kruger, museum deskundige van die Voortrekkermonument (VTM) (30 min) 12:15-12:35 Waarheen met familie erfstukke? Riëtte Zaaiman van die Erfenisstigting (20 min) 12:35- 12:50 Vrae aan die paneel (15 min) 13:00-13:30 Ete DERDE SESSIE RESULTAAT VAN NAVORSING 13:30-14:00 Genealogie, geskiedenis en kultuurgeskiedenis verryk mekaar: Dr Celestine Pretorius (40 insluitend 10 minute vraetyd) 14:00-14:30 Geskiedenis wat spreek tot die hededaagse jeug: Daan Potgieter, 'n geskiedenisonderwyser (30 min insluitend 10 minute vraetyd) 14:40-15:00 Algemene bespreking en samevatting Stuur 'n epos aan Ellen Harmse by email@example.com as u belangstel.
http://westggsa.blogspot.com/2009/08/newsletter-august-2009.html
Oimjakon |Oimjakon Оймякон Өймөкөөн |Koördinate:| |Land||Rusland| |Deelgebied||Jakoetië| |Regering| |- Tipe||Stad-okroeg| |- Burgemeester||Rosalija Kondakowa| |Hoogte||741 m (2 431 vt)| |Bevolking (2010)| |- Stad||521| |Tydsone||WLAT (UTC+11:00)| |Poskode||41154| |Skakelkode(s)||7 86352| Oimjakon (Russies: Оймякон; Jakoeties: Өймөкөөн) is ’n dorp met 521 inwoners in Oimjakonski Oeloes van die Republiek van Sacha (Jakoetië) in Rusland. Dit is aan die Indigirka-rivier, 30 km noordwes van Tomtor aan die Kolima-snelweg, geleë. Oimjakon is bekend daarvoor dat dit die heeltyds bewoonde plek is waar die laagste temperatuur nog gemeet is (-71,2°C op 26 Januarie 1926). Dit is egter betwisbaar omdat die temperatuur nie direk gemeet is, maar verkry is deur ekstrapolasie. Dis ook die laagste temperatuur wat nog in die Noordelike Halfrond gemeet is behalwe vir ’n nieamptelike laagste gemete temperatuur van -77,5°C by die Loganberg in die Yukon, Kanada. Net in Antarktika is laer amptelike temperature al gemeet – die laagste was -89,2°C naby die Russiese stasie Wostok. Die weerstasie van Oimjakon is in ’n vallei tussen dié dorp en Tomtor op ’n hoogte van 750 m bo seespieël. Die omringende berge van 1 100 m hoog veroorsaak dat koue lug deur die vallei trek. Die temperatuur by Oimjakon daal dikwels onder -40°C. In 2008 is -60,2°C op beide 19 Januarie en 22 Desember gemeet. Die naam in Sacha beteken "water wat nie vries nie", dit is danksy ’n warmwaterbron daarnaby. Die grond daar is ysgrond, wat permanent bevrore is. |Maand||Jan||Feb||Mrt||Apr||Mei||Jun||Jul||Aug||Sep||Okt||Nov||Des||Jaar| |Rekord-hoogste (°C)||-16,6||-16,2||2||11,7||26,2||31,1||32,6||31,4||23,7||11||-2,1||-6,5||32,6| |Hoogste gemiddelde (°C)||-40,7||-35||-21,9||-3,6||9,2||19,9||22,2||18,2||8,9||-8,9||-32,5||-41,9||-8,8| |Laagste gemiddelde (°C)||-49,2||-47||-41,2||-24||-4,8||4||5,8||1,6||-4,7||-20,6||-41,4||-48,9||-22,5| |Rekord-laagste (°C)||-68||-64,6||-60,6||-46,4||-28,9||-9,7||-9,3||-17,1||-25,3||-47,6||-58,5||-62,8||-68| |Reënval (mm)||8||7||5||5||12||34||48||38||22||16||12||8||215| Bron:[1] Verwysings[wysig] - Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel [1] - “Погода и Климат - Климат Оймякона (in Russies)”. URL besoek op 8 Des 2008.
http://af.wikipedia.org/wiki/Oimjakon
Port St. Johns |Port St. Johns| |Koördinate: Koördinate:| |Land||Suid-Afrika| |Provinsie||Oos-Kaap| |Distriksmunisipaliteit||O.R. Tambo| |Plaaslike Munisipaliteit||Port St Johns| |Oppervlak| |- Stad||8,79 km² (3,4 vk m)| |Bevolking (2001)| |- Stad||5 181| |- Digtheid||590/km² (1 528,1/myl2)| |Tydsone||SAST (UTC+2)| Geskiedenis[wysig] Die naam van Port St. Johns is afgelei van die São João (St. Johannes) wat vergaan het naby Port Edward op 5 Junie 1552. Die eerste werklike aktiwiteit het in 1846 begin toe die Britse skoener Rosebud daarin kon slaag om oor die sandbank in die riviermond te gaan en in die rivier opgevaar het. In 1878 het die Britse regering beheer van die hawe oorgeneem na onderhandelings met die Pondohoofman Nqwiliso. Daar is handel gedryf met die Pondo's. Fort Harrison is later gebou vir beskerming. Gedurende 1964 is die Pondolandbrug gebou om toegang met die res van Transkei en KwaZulu-Natal te bied. Koffiebaai is 55 km suidwes van Port St. Johns.[1] Distrik[wysig] Die distrik is 648 km2 groot. Die klimaat is subtropies. Mielies en vrugte soos papajas, lietsjies, piesangs, mango's en advokadopere word in die riviervallei gekweek. Daar is drie swemstrande en hengel is ook gewild. Klein bote kan 18 km in die rivier opvaar. Besienswaardighede[wysig] - Daar is 'n vuurtoring en radiobaken by Kaap Hermes by die suidelike punt van die strandmeer. - Die skeepsklok wat buite die stadsaal hang is na bewering dié van die Clan Gordon wat deur die kaptein weggedobbel is. - Derde Strand is deel van die Ntlolobanatuurreservaat. - Daar is 'n gedenkteken naby die Pondolandbrug wat aandui dat Dick King tydens sy epiese tog in 1842 hier verby is. - Daar is 'n warmwaterbron buite die dorp. Die Pondo's noem dit Isinuka 'die stink een'.
http://af.wikipedia.org/wiki/Port_St._Johns
446 in Wikipedia, die vrye ensiklopedie |446| |Dae | Eeue | Geskiedenis| |Kalenders| Die jaar 446 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 46ste jaar van die 5de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. Gebeure[wysig] - Vortigern neem Saksiese hulptroepe in diens teen die aanvallende Pikte en Iere. Hy laat toe dat die Saksers hulle vestig in Kent, Oos-Anglia en Northumbrië.
http://af.wikipedia.org/wiki/446
Katarak Katarakte, 'n degeneratiewe verdikking/dofheid van die lens, is die hoofoorsaak van blindheid. Dit is behandelbaar en kan maklik by PGS-klinieke en -sentrums geïdentifiseer word, sowel as deur tuisversorgers omdat dit so opmerklik is. Operasies om katarakte te verwyder word op die vlak van sekondêre hospitale uitgevoer. Daar is gewoonlik 'n waglys. Diabete behoort 'n jaarlikse oogtoets vir die vroeë vorming van katarakte te ondergaan. Daar kan ook 'n verandering in die retina plaasvind wat tot blindheid kan lei. In só 'n geval is dit nodig dat die kliënt na 'n hospitaal (sekondêre vlak) waar laserterapie gegee sal word, verwys word.
http://af.wikipedia.org/wiki/Katarakte
Andromeda-sterrestelsel |Andromeda-sterrestelsel| |Die Andromeda-sterrestelsel, ook bekend as Messier 31.| |Soort stelsel||Spiraalsterrestelsel| |Sterrebeeld||Andromeda| |Messier-naam||Messier 31| |Tipe||SA(s)b[1]| |Waarnemingsdata (Epog J2000)| |Regte klimming||00h 22m 44,3s| |Deklinasie||+41º 16' 9"| |Skynmagnitude (m)||3,44| |Absolute magnitude (M)||−20| |Besonderhede| |Afstand (ligjaar)||2,54 miljoen| |Skynbare grootte||190′ × 60′[1]| |Aantal sterre||1 biljoen (1012)| |Rooiverskuiwing||−0,001 (minus = blouverskuiwing)| |Massa||~1 × 1012| |Ander name||NGC 224, UGC 454, PGC 2557, LEDA 2557| |Lugkoördinate| |00h 42m 44.3s, +41° 16′ 10″| Die Andromeda-sterrestelsel (ook bekend as onder meer Messier 31 en NGC 224) is ’n spiraalsterrestelsel sowat 2,5 miljoen ligjare van die Aarde af[2] in die sterrebeeld Andromeda. Dit is die naaste spiraalsterrestelsel aan ons Melkweg, maar nie die naaste sterrestelsel nie. Dit kry sy naam van die gebied waarin dit voorkom, die Andromeda-sterrebeeld, wat genoem is na ’n prinses in die Griekse mitologie. Andromeda is die grootste sterrestelsel van die Plaaslike Groep waarin ook die Melkweg en sowat 30 ander, kleiner sterrestelsels voorkom. Dit het egter nie die grootste massa nie, aangesien in onlangse studies bevind is die Melkweg het meer donker materie en is dalk die stelsel met die grootste massa in die Plaaslike Groep.[3] Volgens waarnemings in 2006 deur die Spitzer-ruimteteleskoop bevat M31 sowat 1 biljoen (1012) sterre, minstens twee keer soveel as die Melkweg, wat na raming 200–400 miljard sterre het.[4] Die Andromeda-sterrestelsel se massa is na raming 7,1 × 1011 sonmassas.[5] Andromeda en die Melkweg sal na verwagting binne 3,75 miljard jaar bots en saamsmelt om ’n enorme elliptiese sterrestelsel te vorm.[6] Inhoud Waarneming[wysig] Die Persiese sterrekundige Abd al-Rahman al-Soefi het M31 in omstreeks 964 beskryf as ’n "klein wolk".[7][8] Sterkaarte van dié tyd het dit dan ook Klein Wolk genoem.[8] Die eerste beskrywing van die voorwerp wat gebaseer was op teleskopiese waarnemings, was op 15 Desember 1612 deur die Duitse sterrekundige Simon Marius.[9] Charles Messier het M31 in 1764 in sy katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem en Marius verkeerdelik as die ontdekker genoem omdat hy onbewus was van Al Soefi se vroeëre werk. In 1785 het William Herschel ’n dowwe rooierige skynsel in die gebied van die kern opgemerk. Hy het geglo dit is die naaste van die "groot newels" en na aanleiding van die kleur en helderheid het hy verkeerdelik geraai dat dit nie meer as 2 000 keer so ver as Sirius, die helderste ster in die naghemel, is nie.[10] William Huggins het in 1864 die spektrum van M31 waargeneem en gesien dit verskil van ’n gasnewel.[11] Die spektra van M31 het deurlopende frekwensies getoon, met donker absorpsielyne wat gehelp het om die chemiese samestelling van die voorwerp te bepaal. Die spektrum van Andromeda het baie ooreengestem met dié van individuele sterre, en daar is afgelei dat M31 ’n stellêre voorwerp is. In 1885 is ’n supernova (bekend as S Andromedae) in M31 gesien, die eerste en tot dusver enigste in dié sterrestelsel. In dié tyd is gereken M31 is ’n nabygeleë voorwerp, en daarom is gedink die ontploffing was ’n veel minder skouspelagtig verskynsel bekend as ’n nova. Dit is daarom "Nova 1885" genoem.[12] Die eerste foto's van Andromeda is in 1887 deur Isaac Roberts geneem uit sy private sterrewag in Sussex, Engeland. Danksy die lang beligtingstyd is die spiraalstruktuur van die voorwerp vir die eerste keer gesien.[13] In dié tyd is egter steeds geglo die voorwerp is ’n newel in die Melkweg. Die radiale snelheid van die voorwerp ten opsigte van ons sonnestelsel is in 1912 gemeet deur Vesto Slipher by die Lowell-sterrewag in Arizona. Die resultaat was die grootste snelheid wat tot toe gemeet is: 300 km/s in die rigting van die Son.[14] Eiland-heelal[wysig] In 1917 het die Amerikaanse sterrekundige Heber Curtis ’n nova in M31 waargeneem. Op foto's het hy nog 11 novas ontdek. Hy het gesien hulle gemiddelde helderheid is sowat 10 mag dowwer as novas in ander dele van die lugruim. Hy het geraam dat M31 sowat 500 000 ligjare van die Aarde af is. Hy het ’n voorstander geword van die sogenaamde "eiland-heelalle"- hipotese, wat gelui het dat spiraalnewels eintlik onafhanklike sterrestelsels was.[15] In 1920 het die Groot Debat plaasgevind tussen Harlow Shapley en Curtis oor die aard van die Melkweg, spiraalnewels en die grootte van die heelal. Om sy punt te bewys dat M31 ’n afsondelike sterrestelsel was, het Curtis die voorkoms genoem van donker bane soortgelyk aan die stofwolke in die Melkweg, sowel as die aansienlike Doppler-verskuiwing. In 1922 het Ernst Öpik ’n eenvoudige astrofisiese metode voorgestel om die afstand van M31 te bepaal. Hy het geraam dat dit ver buite ons sterrestelsel lê, sowat 1,5 miljoen ligjare van hier.[16] Edwin Hubble het die debat in 1925 beklink toe hy vir die eerste keer Cepheïede (helder veranderlike sterre) buite die sterrestelsel op astronomiese foto's van M31 ontdek het. Dit het hom in staat gestel om die afstand van M31 te bepaal. Hy het daarmee bewys dat die voorwerp nie ’n hoop sterre en gas in die Melkweg is nie, maar ’n afsonderlike sterrestelsel ver van ons eie af.[17] M31 speel ’n belangrike rol in die studie van sterrestelsels, aangesien dit die naaste spiraalstelsel is. In 1943 was Walter Baade die eerste persoon wat sterre in die sentrale gebied van M31 ontleed het. Hy het twee afsonderlike soorte stergroepe onderskei volgens hul metaalinhoud. Hy het die jong, hoësnelheidsterre in die skyf Tipe I genoem, en die ouer, rooi sterre in die romp Tipe II. Dié benamings is daarna aanvaar vir sterre in die Melkweg en in ander dele van die heelal.[18] Baade het ook ontdek daar is twee soorte Cepheïede, en dit het gelei tot ’n verdubbeling in die raming van M31 se afstand, sowel as die res van die heelal.[19] Radio-emissies van die Andromeda-sterrestelsel is in 1950 vir die eerste keer waargeneem, deur Hanbury Brown en Cyril Hazard by die Jodrell Bank-sterrewag in Manchester, Engeland.[20] Die eerste radiokaarte van die sterrestelsel is in dieselfde jaar gemaak deur John Baldwin en ander.[21] Algemeen[wysig] Die geraamde afstand van die Andromeda-sterrestelsel is in 1953 verdubbel toe ontdek is dat daar ’n ander, dowwer soort Cepheïede is, wat belangrik was in die bepaling van die afstand van strukture in die heelal.[23][24] Evolusie[wysig] Die Andromeda-sterrestelsel is tussen 5 miljard en 9 miljard jaar gelede gevorm nadat twee kleiner stelsels gebots het.[25] Die geweldige botsing het die grootste deel van die metaalryke galaktiese halo en uitgespreide skyf gevorm. In dié tyd sou die mate van stervorming baie groot gewees het. Sowat 2 miljard tot 4 miljard jaar gelede het M31 en die Triangulum-sterrestelsel (M33) baie naby aan mekaar verbybeweeg. Dit het stervorming laat toeneem oor Andromeda se hele skyf – selfs van bolvormige sterreswerms – en die buitenste skyf versteur. Hoewel stervorming in die laaste 2 miljard jaar plaasgevind het, was dit baie minder as voorheen. Daar was interaksies met satelliet-sterrestelsels soos M32, M110 of ander wat reeds verdwyn het wat strukture gevorm het soos Andromeda se Reuse-sterrestroom. In dié tyd het stervorming geweldig afgeneem en byna tot stilstand gekom, net om in onlangse tye weer toe te neem. Raming van die afstand[wysig] In 2005 het ’n groep sterrekundiges die ontdekking van ’n verduisterende dubbelster in die Andromeda-sterrestelsel aangekondig. Die ster, met die naam M31VJ00443799+4129236, het twee helder blou sterre van tipes O en B. Deur die sterre se verduisterings te bestudeer, wat elke 3,54969 dae plaasvind, was sterrekundiges in staat om hul groottes te meet. Deur die grootte en temperatuur van die sterre te weet, was hulle in staat om hul absolute magnitude te meet. As die sigbare en die absolute magnitude bekend is, kan die afstand van ’n ster gemeet word. Die sterre lê 2,52 ± 0,14 megaligjare (770 ± 43 kiloparsek) van hier en die hele Andromeda-sterrestelsel 2,5 megaligjare (770 kiloparsek).[2] Dit stem ooreen met die vorige, onafhanklike Cepheïede-gebaseerde waarde. Die gemiddelde waarde van dié twee metodes asook twee ander metodes om afstand te meet, is 2,54 ± 0,06 megaligjare (780 ± 18 kiloparsek). Gebaseer op dié afstand, word M31 se deursnee op sy breedste punt geraam op 141 ± 3 kiloligjare (43,000 ± 920 parsek). Massa en helderheid[wysig] Ramings van die sterrestelsel se massa (insluitende donker materie), gee ’n waarde van sowat 1,23 × 1012 M☉[27] (of 1,2 biljoen sonmassas), in teenstelling met 1,9 × 1012 M☉ vir die Melkweg. M31 kan dus ’n kleiner massa as ons sterrestelsel hê, maar die ruimte vir foute is nog te groot om vir seker te weet. Dit lyk egter of M31 baie meer sterre as die Melkweg het en sy geraamde helderheid van ~2,6 × 1010 keer dié van die Son is sowat 25% hoër as die Melkweg s’n.[28] Die tempo van stervorming is baie hoër in die Melkweg, met ’n toename van 3-5 sonmassas per jaar vergeleke met 1 sonmassa van M31. Die supernovas in die Melkweg is ook twee keer soveel as in M31.[29] Dit lyk dus of M31 in dié stadium in ’n rustoestand is terwyl die Melkweg in ’n aktiewer stervormende fase is.[28] Teen dié tempo kan die Melkweg M31 eindelik verbysteek wat helderheid betref. Struktuur[wysig] Na aanleiding van sy voorkoms in sigbare lig word Andromeda geklassifiseer as ’n SA(s)b-stelsel in die De Vaucouleurs-Sandage-klassifikasiestelsel van spiraalsterrestelsels.[1] Data van die 2MASS-opname wys egter dat die romp van die stelsel ’n boksvormige voorkoms het, wat daarop dui dat dit eintlik 'n staafspiraalstelsel is soos die Melkweg, met Andromeda se staaf wat van die Aarde af feitlik direk met sy lang as langs gesien word.[30] In 2005 het sterrekundiges die Keck-teleskope gebruik om te wys dat die dun sprinkeling van sterre wat van M31 af uitwaarts strek, eintlik deel van die sterrestelsel se hoofskyf is.[31] Dit beteken die deursnee van M31 se spiraalskyf is drie keer so groot as wat voorheen geraam is. Die nuwe raming is sowat 220 000 ligjare (67 000 parsek) teenoor die vorige raming van 70 000 tot 120 000 ligjare (21 000 tot 37 000 parsek). Die sterrestelsel lê teen ’n hoek van sowat 77° met die Aarde (teen ’n hoek van 90° sou ons dit reg van die kant af gesien het). Dit lyk of die stelsel ’n S-vorm het eerder as dié van ’n plat skyf.[32] ’n Moontlike rede daarvoor is ’n swaartekrag-interaksie met ander nabygeleë sterrestelsels. Die stelsel M33 kan verantwoordelik wees vir ’n deel van die buiging in Andromeda se arms. Met spektroskopiese studies is gedetailleerde metings gekry van die rotasiesnelhede van M31 op verskillende afstande van die kern af. Naby die kern neem die snelheid toe tot 225 km/s op ’n afstand van 1 300 ligjare, en neem daarna af tot ’n minimum van 50 km/s by 7 000 ligjare. Daarna neem die snelheid weer geleidelik toe tot sowat 250 km/s by 33 000 ligjare. Hierna neem die snelheid stadig af, tot sowat 200 km/s by 80 000 ligjare. Hierdie snelhede impliseer ’n gekonsentreerde massa van sowat 6 x 109 M☉ in die kern. Die totale massa van M31 neem reglynig toe tot by 45 000 ligjare, en stadiger van daar af.[33] Die spiraalarms van die sterrestelsel word belyn met ’n groep H II-gebiede wat volgens Baade lyk soos "krale aan ’n string". Foto's van M31 wys ’n redelik gewone spiraalsterrestelsel met die arms kloksgewys gedraai. Daar is twee aaneenlopende stringe arms sowat 13 000 ligjare van mekaar. Hulle kan uitwaarts gevolg word van ’n afstand van sowat 1 600 ligjare van die kern af. Die grootste moontlike oorsaak van die spirale is ’n interaksie met die sterrestelsel M32. Dit kan gesien word in die verskuiwing van die neutrale waterstofwolke van die sterre.[34] In 1998 het foto's van die Europese Ruimteagentskap gewys dat die vorm van M31 dalk besig is om te verander in dié van ’n ringsterrestelsel. Die gas en stof in M31 vorm verskeie oorvleuelende ringe, met ’n besonder prominente ring by ’n radius van 32 000 ligjare van die kern af.[35] Dié ring kan nie op foto's van sigbare lig gesien word nie. Nadere bestudering van die binneste streek van M31 het ’n kleiner stofring gewys wat waarskynlik veroorsaak is deur ’n interaksie met M32 meer as 200 miljoen jaar gelede. Simulasies toon dat die kleiner stelsel deur die skyf van die groter stelsel beweeg het en in die proses die helfte van sy massa verloor het. Dié verlore massa het die ringstrukture in M31 gevorm.[36] Studies van M31 se halo wys dat dit min of meer ooreenstem met die Melkweg s’n. Die sterre in die halo is hoofsaaklik arm aan metale en nog armer hoe verder van die kern af.[37] Dit dui daarop dat M31 en die Melkweg min meer soortgelyke evolusies beleef het. Hulle het in die laaste 12 miljoen jaar waarskynlik 1-200 kleiner sterrestelsels opgeneem en met hulle saamgesmelt.[38] Die sterre in M31 en die Melkweg se halo's kan soveel as ’n derde van die gebied beslaan wat die twee stelsels skei. Kern[wysig] Dit is bekend dat M31 ’n kompakte sterreswerm in sy kern het. Deur ’n groot teleskoop lyk dit soos ’n ster binne-in die dowwer omringende romp. Die kern is helderder as die helderste bekende bolvormige sterreswerms. In 1991 het Tod R. Lauer ’n foto van M31 se kern geneem deur die Hubble-ruimteteleskoop. Die kern bestaan uit twee konsentrasies 4,9 ligjare van mekaar af. Die helderste konsentrasie, wat P1 genoem is, is ’n ent van die middel af, terwyl die dowwer een, P2, reg in die middel is en ’n swartkolk bevat van sowat 3–5 × 107 M☉ (soos gemeet in 1993)[39] of 1,1–2,3 × 108 M☉ (2005).[40] Aanvanklik is gemeen P1 is die oorblyfsel van ’n klein sterrestelsel wat deur M31 "verorber" is,[41] maar dié idee is laat vaar omdat so ’n kern ’n baie kort leeftyd sou gehad het weens die gety-versteuring deur die swartkolk in die middel. Hoewel die idee wel meriete het as P1 sy eie swartkolk gehad het wat hom stabiliseer, is daar geen bewyse vir so ’n swartkolk nie.[42] X-straalbronne[wysig] In laat 1968 is X-strale waargeneem vanuit Andromeda.[43] Verskeie bronne is sedertdien in die stelsel waargeneem. Bestudering daarvan dui daarop dat dit swartkolke of neutronsterre is wat inkomende gas tot miljoene kelvin verhit en X-strale uitstraal. Daar is sowat 460 bolvormige sterreswerms in Andromeda.[44] Die een met die grootste massa, Mayall II of G1, is helderder as enige ander bekende bolvormige swerm in die Lokale Groep sterrestelsels.[45] Dit bevat verskeie miljoene sterre en is twee keer helderder as Omega Centauri, die helderste bekende swerm in die Melkweg. G1 se struktuur is egter te groot dat dit ’n gewone bolvormige sterrestelsel kan wees. Daarom beskou sommige sterrekundiges dit as die oorblywende kern van ’n dwergsterrestelsel wat in die onlangse verlede deur M31 opgeneem is.[46] Anders as die bolvormige sterreswerms van die Melkweg waarvan die ouderdom nie baie verskil nie, is die ouderdomsverskille van Andromeda se swerms baie groter: van stelsels so oud as Andromeda self tot baie jonger stelsels, met ouderdomme wat wissel tussen ’n paar honderd miljoen jaar tot 5 miljard jaar.[47] In 2005 het sterrekundiges ’n heel nuwe soort sterreswerm in M31 ontdek. Hulle bevat honderdduisende sterre nes bolvormige swerms. Wat hulle egter onderskei, is dat hulle baie groter is – verskeie honderde ligjare in deursnee – en honderde kere minder dig.[48] Satelliete[wysig] Nes die Melkweg, het Andromeda verskeie satelliet-sterrestelsels – sover bekend 14 dwergstelsels. Die bekendstes en mees bestudeerdes is M32 en M110. Onlangse getuienis wys daarop dat M32 in die verlede na aan Andromeda verbybeweeg het. Dit kon aanvanklik ’n groter stelsel gewees het waarvan die sterskyf deur Andromeda opgeneem is.[49] Dit lyk ook of daar ’n interaksie tussen M110 en Andromeda is. Sterrekundiges het in laasgenoemde se halo ’n stroom metaalryke sterre gevind wat lyk of dit van hierdie satelliet-stelsels weggeruk is.[50] In 2006 is ontdek dat nege van die satelliete op ’n vlak lê wat Andromeda se kern kruis, eerder as dat hulle lukraak versprei is soos wat verwag sou word. Dit kan daarop dui dat hulle ’n gemeenskaplike gety-oorsprong het. Toekomstige botsing met die Melkweg[wysig] Die Andromeda-sterrestelsel beweeg teen sowat 100 tot 140 km/s (400 ligjare elke miljoen jaar)[51] in die rigting van die Melkweg. Die twee stelsels sal dus na verwagting in sowat 4,5 miljard jaar bots. ’n Waarskynlike resultaat van die botsing sal wees dat die twee stelsels saamsmelt om ’n reusagtige elliptiese sterrestelsel te vorm.[52] Sulke botsings vind gereeld plaas tussen sterrestelsels in ’n sterrestelselgroep. Dit is onbekend wat met die Aarde of ons sonnestelsel sal gebeur in so ’n botsing. As die twee stelsels nie saamsmelt nie, is daar ’n klein kans dat die sonnestelsel uit die Melkweg gewerp en in Andromeda opgeneem kan word.[53] Verwysings[wysig] - “Results for Messier 31”. NASA/IPAC Extragalactic Database. NASA/Infrared Processing and Analysis Center. URL besoek op 2006-11-01. - (2005) “First Determination of the Distance and Fundamental Properties of an Eclipsing Binary in the Andromeda Galaxy”. Astrophysical Journal Letters 635 (1): L37–L40. DOI:10.1086/499161. - Amos, J., "Dark matter comes out of the cold", BBC News, February 5, 2006. URL besoek op 2006-05-24. - “The Milky Way Galaxy”. SEDS: August 25, 2005. URL besoek op 2007-05-09. - (2006) “Masses of the local group and of the M81 group estimated from distortions in the local velocity field”. Astrophysics 49 (1): 3–18. DOI:10.1007/s10511-006-0002-6. - “NASA's Hubble Shows Milky Way is Destined for Head-On Collision”. NASA: 31 May 2012. URL besoek op 12 July 2012. - (1994) The guide to the galaxy. ISBN 978-0-521-45882-5. - Kepple, G. R. (1998). The Night Sky Observer's Guide. Willmann-Bell. ISBN 978-0-943396-58-3. - Davidson, Norman (1985). Astronomy and the imagination: a new approach to man's experience of the stars. Routledge Kegan & Paul. ISBN 978-0-7102-0371-7. - Herschel, W. (1785). “On the Construction of the Heavens”. Philosophical Transactions of the Royal Society of London 75 (0): 213–266. DOI:10.1098/rstl.1785.0012. - Huggins, W. (1864). “On the Spectra of Some of the Nebulae”. Philosophical Transactions of the Royal Society of London 154 (0): 437–444. DOI:10.1098/rstl.1864.0013. - Backhouse, T. W. (1888). “nebula in Andromeda and Nova, 1885”. Monthly Notices of the Royal Astronomical Society 48. - Roberts, I. (1899). A Selection of Photographs of Stars, Star-clusters and Nebulae. London: Universal Press. - Slipher, V. M. (1913). “The Radial Velocity of the Andromeda Nebula”. Lowell Observatory Bulletin 1: 56–57. - Curtis, H. D. (1988). “Novae in Spiral Nebulae and the Island Universe Theory”. Publications of the Astronomical Society of the Pacific 100: 6. DOI:10.1086/132128. - Öpik, E. (1922). “An estimate of the distance of the Andromeda Nebula”. Astrophysical Journal 55: 406–410. DOI:10.1086/142680. - Hubble, E. P. (1929). “A spiral nebula as a stellar system, Messier 31”. Astrophysical Journal 69: 103–158. DOI:10.1086/143167. - Baade, W. (1944). “The Resolution of Messier 32, NGC 205, and the Central Region of the Andromeda Nebula”. Astrophysical Journal 100: 137. DOI:10.1086/144650. - Gribbin, J. R. (2001). The Birth of Time: How Astronomers Measure the Age of the Universe. Yale University Press. ISBN 978-0-300-08914-1. - (1950) “Radio-frequency Radiation from the Great Nebula in Andromeda (M.31)”. Nature 166 (4230): 901. DOI:10.1038/166901a0. (1951) “Radio emission from the Andromeda nebula”. MNRAS 111: 357. - (1976) “The Radio Continuum Morphology of Spiral Galaxies”. Annual Review of Astronomy and Astrophysics 14 (1): 417–445. DOI:10.1146/annurev.aa.14.090176.002221. - (2009) “Pixel-lensing as a way to detect extrasolar planets in M31”. Monthly Notices of the Royal Astronomical Society 399 (1): 219–228. DOI:10.1111/j.1365-2966.2009.15184.x. - Holland, S. (1998). “The Distance to the M31 Globular Cluster System”. Astronomical Journal 115 (5): 1916–1920. DOI:10.1086/300348. - Moskvitch, Katia, "Andromeda 'born in a collision'", BBC News, 25 November 2010. URL besoek op 25 November 2010. - (2004) “A Catalog of Neighboring Galaxies”. Astronomical Journal 127 (4): 2031–2068. DOI:10.1086/382905. - (2000) “The mass of the Andromeda Galaxy”. Monthly Notices of the Royal Astronomical Society 316 (4): 929–942. DOI:10.1046/j.1365-8711.2000.03645.x. - van den Bergh, S. (1999). “The local group of galaxies”. Astronomy and Astrophysics Review 9 (3–4): 273–318. DOI:10.1007/s001590050019. - (1987) “The Rate of Nova Production in the Galaxy”. Publications of the Astronomical Society of the Pacific 99: 606–609. DOI:10.1086/132021. - Beaton, R. L. (2006). “Unveiling the Boxy Bulge and Bar of the Andromeda Spiral Galaxy”. Astrophysical Journal Letters 658 (2): L91. DOI:10.1086/514333. - Chapman, S. C. (2006). “A kinematically selected, metal-poor spheroid in the outskirts of M31”. Astrophysical Journal 653 (1): 255. DOI:10.1086/508599. Also see the press release, {{{author}}}, Andromeda's Stellar Halo Shows Galaxy's Origin to Be Similar to That of Milky Way, Caltech, February 27, 2006. - , Astronomers Find Evidence of an Extreme Warp in the Stellar Disk of the Andromeda Galaxy, UC Santa Cruz, January 9, 2001. - (1970) “Rotation of the Andromeda Nebula from a Spectroscopic Survey of Emission”. Astrophysical Journal 159: 379. DOI:10.1086/150317. - Braun, R. (1991). “The distribution and kinematics of neutral gas, HI region in M31”. Astrophysical Journal 372: 54–66. DOI:10.1086/169954. - , ISO unveils the hidden rings of Andromeda, European Space Agency, October 14, 1998. - "Busted! Astronomers Nab Culprit in Galactic Hit-and-Run", Harvard-Smithsonian Center for Astrophysics, October 18, 2006. URL besoek op 2006-10-18. - (2006) “The Metal-Poor Halo of the Andromeda Spiral Galaxy (M31)”. Astrophysical Journal 648 (1): 389–404. DOI:10.1086/505697. - Bullock, J. S. (2005). “Tracing Galaxy Formation with Stellar Halos I: Methods”. Astrophysical Journal 635 (2): 931–949. DOI:10.1086/497422. - Lauer, T. R. (1993). “Planetary camera observations of the double nucleus of M31”. Astronomical Journal 106 (4): 1436–1447, 1710–1712. DOI:10.1086/116737. - (2005) “HST STIS Spectroscopy of the Triple Nucleus of M31: Two Nested Disks in Keplerian Rotation around a Supermassive Black Hole”. Astrophysical Journal 631 (1): 280–300. DOI:10.1086/432434. - "The Andromeda Galaxy has a Double Nucleus", Physics News Update, American Institute of Physics, July 26, 1993. URL besoek op 2009-07-10. - Tremaine, S. (1995). “An Eccentric-Disk Model for the Nucleus of M31”. Astronomical Journal 110: 628–633. DOI:10.1086/117548. - (1969) “Correlation between the Densities of X-Ray Sources and Interstellar Gas”. Astrophysics and Space Science 4 (1): 64–83. DOI:10.1007/BF00651263. - (2001) “M31 Globular Clusters in the Hubble Space Telescope Archive. I. Cluster Detection and Completeness”. Astronomical Journal 122 (5): 2458–2468. DOI:10.1086/323457. - , Hubble Spies Globular Cluster in Neighboring Galaxy, Hubble news desk STSci-1996-11, April 24, 1996. - (2001) “G1 in M31 – Giant Globular Cluster or Core of a Dwarf Elliptical Galaxy?”. Astronomical Journal 122 (2): 830–841. DOI:10.1086/321166. - Burstein, David; Li, Yong; Freeman, Kenneth C.; Norris, John E.; Bessell, Michael S.; Bland-Hawthorn, Joss; Gibson, Brad K.; Beasley, Michael A.; Lee, Hyun-chul; Barbuy, Beatriz; Huchra, John P.; Brodie, Jean P.; Forbes, Duncan A. (2004). “Globular Cluster and Galaxy Formation: M31, the Milky Way, and Implications for Globular Cluster Systems of Spiral Galaxies”. Astrophysical Journal 614: 158–166. - (2005) “A new population of extended, luminous, star clusters in the halo of M31”. Monthly Notices of the Royal Astronomical Society 360 (3): 993–1006. DOI:10.1111/j.1365-2966.2005.09086.x. - (2001) “A New Formation Model for M32: A Threshed Early-type Spiral?”. Astrophysical Journal Letters 557 (1): L39–L42. DOI:10.1086/323075. - Ibata, R. (2001). “A giant stream of metal-rich stars in the halo of the galaxy M31”. Nature 412 (6842): 49–52. DOI:10.1038/35083506. - Malik, T. (May 7, 2002). “Crash Course: Simulating the Fate of Our Milky Way”. Space.com. URL besoek op 2006-09-18. [dooie skakel] - (2008) “The collision between the Milky Way and Andromeda”. Monthly Notices of the Royal Astronomical Society 386 (1): 461–474. DOI:10.1111/j.1365-2966.2008.13048.x. - Cain, F. (2007). “When Our Galaxy Smashes Into Andromeda, What Happens to the Sun?”. Universe Today. URL besoek op 2007-05-16. Eksterne skakels[wysig] - StarDate: M31-feite - Simbad-data oor M31 - SEDS: Messier 31 - M31 en sy sentrale kernspiraal - Bolvormige sterreswerms in M31 by die Curdridge-sterrewag - Andromeda-sterrestelsel by SolStation.com - M31 by NightSkyInfo.com - Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
http://af.wikipedia.org/wiki/Andromeda-sterrestelsel
Long Tom Die 155 mm Creusot of Long Tom soos hy tydens die Tweede Vryheidsoorlog bekend gestaan het, was 'n Franse kanon. Vier van hierdie kanonne saam met 4 000 gewone kanonkoeëls en 4 000 skrapnel en 800 kartetse is deur die Zuid-Afrikaansche Republiek (wat informeel as Transvaal bekend gestaan het) aangekoop in 1887. Die kanonne is aanvanklik rondom Pretoria in forte geplaas. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog is die kanonne ontplooi as veld- en belegkanonne by die Beleg van Ladysmith, die Beleg van Mafikeng en die Beleg van Kimberley en ook die Slag van Bergendal. Na die ammunisie uitgeput geraak het, is die kanonne een vir een vernietig om te voorkom dat hulle in Britse hande sou val. Die Long Tompas is vernoem na die kanon.
http://af.wikipedia.org/wiki/Long_Tom
Klagtes van die Wes-Kaapse publiek teen die polisie het in die afgelope boekjaar met bykans 10% toegeneem. Dié toename blyk uit syfers wat genl.maj. Sharon Jeptha, assistent-polisiekommissaris in die Wes-Kaap, gister bekend gemaak het. Volgens Jephta het klagtes teen die provinsie se polisiebeamptes van 1932 in die 2010-’11-boekjaar tot 2121 in die tydperk van 1 April 2011 tot einde Maart 2012 toegeneem. Die meeste van die klagtes hou volgens haar verband met polisiewreedheid en nalatigheid. Sy kon nie sê presies hoeveel van die klagtes oor polisiewreedheid ingedien is nie. Danksy die klagtes wat ingedien word, kan die polisie sien wat hulle verkeerd doen en probeer om hul diens te verbeter, het sy gesê. Die nuus oor die toename in die klagtes teen die polisie kom kort op die hakke van die aankondiging deur die Onafhanklike Polisie-ondersoekende Direktoraat (Opod) verlede week dat 12 polisiebe-amptes verbonde aan die Valke in die Wes-Kaap van onder meer moord, poging tot moord en menseroof aangekla gaan word. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle op 10 Februarie 2009 mnr. Sidwell Mkwambi (24) se dood in polisie-aanhouding veroorsaak het. Hulle het tydens die voorval almal by die voormalige eenheid teen georganiseerde misdaad in Bellville-Suid gewerk. Altesaam 14 lede van die Valke is aanvanklik deur Opod ondersoek. - Die Burger
http://www.tygerburger.co.za/19683/news/article/klagtes-teen-polisie-neem-toe
Valparaíso |Kaart||Wapen| |Vlag| |Land||Chili| |Provinsie||Valparaíso| |Stigting||1536| |Oppervlakte:| |- Totaal||401,6 vk km| |Hoogte bo seevlak||10 m| |Bevolking:| |- Totaal (2002)||275 982| |- Metropolitaanse Gebied||930 220| |- Bevolkingsdigtheid||690/vk km| |Tydsone||CLT (UTC -4)| |Somertyd||CLST (UTC -3)| |Burgemeester||Jorge Castro (UDI)| |Amptelike Webwerf||municipalidaddevalparaiso.cl| Valparaíso is die grootste hawestad van Chili en hoofstad van die gelyknamige provinsie. Die stad is in 1536 deur die Spanjaarde onder Juan de Saavedra gestig. Met 'n bevolking van 276 014 in 2004 en 'n oppervlakte van 401,6 km² is dit die tweede grootste stad van Chili. Die stad is ongeveer 70 km ten weste van die hoofstad Santiago aan die Stille Oseaan geleë. Voorbeelde van Valparaíso se eertydse glorie sluit in Latyns-Amerika se oudste aandelebeurs, die vasteland se eerste vrywilliger brandweer, Chili se eerste openbare biblioteek, en die oudste Spaanse taal koerant in deurlopende publikasie in die wêreld, El Mercurio de Valparaíso. Die opening van die Panamakanaal en die vermindering in die skip verkeer hanteer 'n geweldige slag te Valparaíso, al is die stad het opgevoer 'n indrukwekkende Renaissance in die afgelope jaar. Hoewel die nabygeleë San Antonio het geword van die land se mees kommersieel belangrike hawe in terme van tonnemaat verskuif, die Stad van Valparaíso bly 'n lewendige sentrum van Chili kultuur. Die Groter Valparaíso metropolitaanse gebied (wat Valparaíso, Viña del Mar, Quilpue en Villa Alemana) het die derde grootste konsentrasie van die bevolking in die land na die Groter Santiago en Groter Concepción. Die Desventuradas-eilande, wat 1 000 km van die kus van Chili afgeleë is, maak deel uit van die stadsgebied. Terwyl Santiago die hoofstad van Chili is, is in Valparaíso die kongres van Chili gesetel. Valparaíso is veral bekend as kulturele hoofstad van Chili, "Klein San Francisco" en die "Juweel van die Stille Oseaan". Die oustad is in 2003 deur UNESCO as 'n wêrelderfenisgebied gelys. Geografie[wysig] Valparaíso is geleë in die sentrale Chili, 120 km (75 myl) in die noordweste van die hoofstad Santiago. Valparaíso, soos die meeste van Chili, is kwesbaar vir aardbewings. Voor die aardbewing van 27 Februarie 2010, wat gemeet 8,8 op die oomblik 'n skaal, die laaste katastrofiese aardbewing te staak Valparaíso verwoes die stad in Augustus 1906, het die doodmaak van byna 3000 mense. Ander groot aardbewings die stad te beïnvloed was die 1730 Valparaíso aardbewing , die 1985 Santiago aardbewing en die 2008 Papudo aardbewing. Eksterne skakels[wysig]
https://af.wikipedia.org/wiki/Valpara%C3%ADso
Pistorius kuier in deftige kroeg 2013-04-13 23:46 - Artikelopsies - Deel - Kry Rapport op Die twee maande sedert sy meisie se skietdood, het Oscar Pistorius feitlik soos ’n kluisenaar geleef. Hy het vir Reeva Steenkamp ’n gedenkdiens gehou en een of twee keer gaan oefen, maar sedert sy vrylating op borgtog is hy nooit in die openbaar gesien nie. Daarom was sy familie verlig toe hy verlede Saterdagaand saam met vriende by die deftige restaurant en kroeg Buddah Ta in Fourways, Sandton, gekuier het. Pistorius is saam met vier mans wat soos lyfwagte lyk gesien. Hulle het vroegaand, voordat die klub besig geraak het, daar aangekom en reguit na ’n BBP-sitkamer gegaan. Buddha Ta is ’n luukse kroeg en restaurant met ’n moderne ontwerp en ’n reusagtige Boeddha-beeld in die binnehof. Dit is ’n gewilde uithangplek in die Design Quarter-winkelsentrum. Arnold Pistorius, Oscar se oom, het by navraag bevestig Oscar was daar saam met “hegte vriende en gemeenskaplike kennisse van Reeva”. “Ons is uiters verlig dat Oscar weer sosiaal begin verkeer en uitreik na mense. Hy het die laaste tyd veral moeite gedoen om sy vriende te sien en verhoudings met Reeva se vriende en familie te vestig. “Verlede Saterdagaand was ’n spesiale geleentheid om almal saam te sien. “Ons sou graag wou sien dat Oscar weer begin oefen, maar dit is duidelik dat hy steeds in diep rou is en nie in staat is om op sy loopbaan te konsentreer nie,” het Arnold gesê. “Dit is steeds vir hom baie moeilik. Hy het nog nie die voorval verwerk nie. Hy het gister weer in trane uitgebars. Hy is ’n wrak,” het Arnold gesê. Kenny Kunene, Oscar se vriend en eienaar van die sukkelende Kaapse nagklub ZAR, het beaam dat die atleet nog baie swaar kry. “Oscar probeer kop bo water hou onder moeilike omstandighede. Dit is vir hom baie moeilik,” sê Kunene. Hy wou op versoek van die Pistorius-familie niks verder sê nie. Die hooggeregshof in Pretoria het onlangs in ’n aansoek van Pistorius se regspan sy borgtogvoorwaardes verander. Hy mag nou oorsee reis en drank gebruik. Oscar was die afgelope week baie ontsteld oor uitsprake wat vroue wat hulself die Pistorians noem op sosiale media oor Steenkamp gemaak het. Die Pistorius-familie het in ’n verklaring gesê die Pistorians se uitlatings toon geen respek vir die pyn waardeur Steenkamp se vriende en familie gaan nie. Die Pistorians beskou hulself as ondersteuners van Oscar, maar hy was volgens die familie se verklaring nie van hul bestaan bewus nie omdat hy tans nie sosiale media of die media dophou nie. Toe hy van hul uitsprake hoor, was hy woedend. “Daar is nie ’n oomblik in die dag dat Oscar nie treur oor sy meisie ... nie,” lui die verklaring. “Die laaste paar weke het Oscar troos gevind deur tyd deur te bring en herinneringe te deel met baie mense wat haar liefgehad het, in plekke waar hul gedeelde herinnerings geskep is.” Oscar moet weer op 4 Junie in die hof verskyn in verband met Steenkamp se dood. Die kroeg in Buddah Ta.
http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Pistorius-kuier-in-deftige-kroeg-20130413
Kersfees moebarak in Kaboel 2012-12-22 23:58 Leandi Claasen in Kaapstad Kersfees in Afganistan sal beslis ordentlik deur hulle gevier word, sê Suid-Afrikaners wat in Kaboel werk. Sewe Suid-Afrikaners is in September in ’n selfmoordbomaanval in die Afgaanse hoofstad dood. Drie vlieëniers en vier vliegtuigtegnici het gesterf. Dié aanval het by baie Suid-Afrikaners ’n verwronge beeld van die land geskep, sê Gerhard Marais, stigter van die Facebook-groep South Africans Working in Afghanistan. Marais sê Suid-Afrikaners is gelukkig in Kaboel ondanks die omstandighede. Piet Botha (42, skuilnaam), ’n Suid-Afrikaanse vlieënier wat die afgelope 17 jaar daar werk, beskryf sy Kers-ervaring in Kaboel: “Jy gaan nie Kersliedere hoor wat in winkelsentrums blêr nie, maar alle Suid-Afrikaners hier maak dit spesiaal.” Botha sê hulle is versigtig hoe en waar hulle Kersfees vier, “maar ons doen altyd die beste met wat ons het”. Botha sê daar is ’n groot groep Suid-Afrikaners in Kaboel en sê hulle ondersteun mekaar. Baie werk in die boubedryf, in persoonlike beveiliging, as medici, vlieëniers en in heropbouprogramme. “Ons is soos een groot familie. Maak nie saak vir watter maatskappy jy werk nie.” Wat is op die spyskaart? “Wat jy in die hande kan kry. Daar is winkels wat spesiaal kalkoen invoer vir Kersfees. Maar dis nogal duur, tussen R300 en R400.” Van bier wil hy nie eens praat nie. “Dit moet jy op die swartmark koop, maar ons bly weg. As hulle jou vang, is dit groot moeilikheid.” Vir Gabriel Kroes (49), ’n personeelkonsultant in Kaboel, was die grootste geskenk vir Kersfees vanjaar ’n besoek van sy dogter, Helen (19). Anke Bekker (30), wat by ’n groot maatskappy in Kaboel werk, sê sy sien uit na ’n Kersete met sowat 300 mede-ekspats.
http://www.rapport.co.za/Wereld/Nuus/Kersfees-moebarak-in-Kaboel-20121222
iWeb |iWeb| ’n Skermgreep van iWeb 3.0.1, deel van iLife ’09. |Ontwikkelaar||Apple Inc.| |Aanvanklike vrystelling||10 Januarie 2006[1]| |Mees onlangse weergawe||3.0.4/ 11 Julie 2011| |Bedryfstelsel||Mac OS X| |Kategorie||Multimedia Internetpublisering| |Lisensie||Eiendomsprogrammatuur| |Webblad||Apple - iWeb| iWeb is ’n sjabloongebaseerde WUSIWUK-webbladskeppingsinstrument wat deur Apple Inc. ontwikkel is. Die eerste weergawe van iWeb is op 10 Januarie 2006 by die Macworld-kongres en Ekspo bekendgestel as deel van die iLife-pakket van digitale leefstyltoepassings.[1] iWeb ’11 is op 20 Oktober 2012 bekendgestel as deel van die iLife ’11-pakket alhoewel dit nie opgedateer is van die vorige vrystelling (weergawe 3.0.2) nie.[2] iWeb stel gebruikers in staat om webblaaie en webjoernale te skep en te verander met hul eie teks, foto’s en video’s. Gebruikers kan dan hul webblaaie na MobileMe of ’n ander gasheerdiens oplaai. iWeb integreer ook met ander dienste insluitend Facebook, YouTube, Google AdSense en Google Kaarte.[2] In 2011 het Apple ontwikkeling aan iWeb gestaak. Inhoud Oorsig en eienskappe[wysig] Bladontwerp[wysig] iWeb het gebruikers in staat gestel om webblaaie en webjoernale te skep en te ontwerp sonder kodering en insluitend ’n aantal Apple-ontwerpte temas waarvan elkeen verskeie bladsjablone met gekoördineerde lettertipes en kleure het. Gebruikers kon hietdie blaaie pasmaak deur die plekhouerteks te vervang en deur hul eie foto’s en video’s in die dokument te sleep en neer te sit. Sjablone het webjoernaal-, potgooi- en foto- en videogaleryblaaie ingesluit tesame met standaard “Welkom” en “Aangaande my”-blaaie. iWeb het geïntegreer met ander toepassings in die iLife-pakket. Die iLife-mediablaaier is ’n lys van musiek, video’s en foto’s wat geberg is in iTunes, iMovie en iPhoto. Inhoud kon vanuit die mediablaaier gesleep word en op ’n oop blad neergesit word. Plaaslike lêers kon ook direk in die blad neergesit word. Nede interaktiewe “dingesies” is ingesluit met iWeb. Onder andere het hierdie dingesies gebruikers in staat gestel om YouTube video’s en Google Kaarte in te bed, insluitend ’n afteltydhouer en RSS-voere. Publisering[wysig] iWeb het ingeboude ondersteuning vir publisering na MobileMe, ’n pakket van aanlyntoepassings wat deur Apple ontwikkel is, ingesluit, asook na ander derdeparty webgashere met FTP. Sodra rekeninginligting ingevoer is kon gebruikers slegs op ’n knoppie klik om hul volledige webblad te publiseer. iWeb kon dan opdaterings publiseer na die gebruiker se Facebook-profiel om ander mense in kennis te stel van veranderinge aan die webblad. Beperkinge[wysig] iWeb was in sy derde weergawe ten tyde van die beëindiging en het ’n beperkte stel eienskappe en ’n paar onopgeloste foute gehad. Sommige beperkinge het die volgende ingesluit: - Afsonderlike CSS-lêers is vir elke blad geskep, eerder as ’n enkele stylblad vir die hele webblad. - Daar was geen opsie om die HTML-kode van sjablone direk te wysig nie. HTML-ondersteuning was beperk tot klein fragmente wat by die blad ingesluit kon word. - Wagwoordbeskerming is nie ondersteun op nie-MobileMe gebruikerswebblaaie nie. - Om sjablone te skep het derdeparty programmatuur vereis en was boonop baie ingewikkeld - Kommentaar op webjoernaalblaaie was nie geondersteun op nie-MobileMe gebruikerswebblaaie nie. Beëindiging van iWeb in iCloud-oorskakeling[wysig] In Junie 2011 het gerugte begin ontstaan dat iWeb nie verder ontwikkel sou word nie.[3] Soortgelyke dienste soos Jimdo het reeds spesiale ondersteuning gebied vir gebruikers wat beplan het om oor te skakel van iWeb af.[4] Verwysings[wysig] - ( Apple Inc. (10 Januarie 2006). “ )Apple stel iLife ’06 bekend”. Apple.com. URL besoek op 21 Junie 2010. - ( Apple Inc. (6 Januarie 2009). “ )Apple stel iLife ’09”. Apple.com. URL besoek op 21 Junie 2010. - ( MacRumors (12 Junie 2011). “ )Steve Jobs bevestig beëindiging van iWeb in iCloud-oorskakeling”. - ( MacRumors (14 Junie 2011). “ )Geen plek in Apple se ruimteskip vir iWeb?”. Eksterne skakels[wysig] |Hierdie artikel is ten volle of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.|
https://af.wikipedia.org/wiki/IWeb
Hoe weet jy dit is nie jou skuld nie Gepubliseer op Donderdag, 02 Januarie 2014 Soms is dit baie duidelik dat jy het iets verkeerd gedoen en dat jou eie gedrag moet verander. Bv. jy het die kar gestamp of jy het 'n huweliksherdenking vergeet. Dan is dit maklik om dit raak te sien om verskoning te vra en dit anders te doen volgende keer. / Maar dikwels voel jy aangeval in 'n verhouding of beskuldig van iets wat jy nie heeltemal seker is of dit jou saak of jou maat se projeksie op jou is nie. Dit gebeur dikwels dat ander mense op jou projekteer. Dit gebeur in huwelike, by die werk, by familie. Lees verder...
http://huwelike.co.za/
DIE GESKIEDENIS VAN OOS-RAND AKADEMIE KAN IN ‘N NEUTEDOP SAAMGEVAT WORD Die gedagte van ‘n Afrikaanse Privaatskool het by Tersia King ontstaan. Sy het samesprekings met Johan Kruger gevoer, waarna besluit is om ‘n komitee te stig. Die doel van die komitee was om na die lewensvatbaarheid van so ‘n skool te kyk Op 20 Februarie 1996 vind daar’n vergadering plaas. Die eerste voorlopige Bestuursraad word op 7 Maart 1996 verkies. Op 16 April 1996 open die skool met plus minus 35 leerlinge op ‘n perseel tussen Kempton Park en Benoni. Geboorte en groeipyne spring die skool nie vry nie, maar ten spyte van diepliggende menslike verskille was daar tog die gevoel van ‘n sterk behoefte by ouers dat hulle graag hulle kinders in ‘n privaatskool wil hê, omdat die volgende waardes vir hulle belangrik is. Onderwerping aan die skrif, kwaliteitonderrig, geborgenheid wat kleiner klasse meebring, gesonde dissipline, afrikaner- kultuurgebondenheid. Die skool se naam word verander na Oos-Rand Akademie om ‘n nuwe identiteit aan ons skool te gee. Tans bied die skool onderrig vanaf graad 00 – Gr. 12. Die leerlingetalle wissel tussen 121 en 126. Die huidige hoof is Mev. Renè Jordaan en sy handhaaf ‘n oopdeurbeleid. Sy kan enige tyd gekontak word. 011 396-3316 of 076 091 9918
http://www.oosrandbeeld.com/1204/schools/Oos-Rand_Akademie
Tampere |Kaart||Wapen| |Vlag| |Land||Finland| |Provinsie||Wes-Finland| |Administratiewe gewes||Pirkanmaa| |Koördinate| |Stigting||1 Oktober 1779| |Oppervlakte:| |- Totaal||689,53 vk km| |- waarvan land||524,97 vk km| |Hoogte bo seevlak||76 m| |Bevolking:| |- Totaal (30 Junie 2009)||209 748| |- Bevolkingsdigtheid||399,5/vk km| |Tydsone||UTC +2 (OET)| |- Somertyd||UTC +3 (OEST)| |Burgemeester||Timo P. Nieminen| |Amptelike Webwerf||www.tampere.fi| Tampere [ˈtɑmpɛrɛ], Sweeds Tammerfors [tamərˈfɔrs], is 'n nywerheidstad in die suidweste van Finland. Met 'n oppervlakte van 689,53 vierkante kilometer en 'n bevolking van 209 748 in Junie 2009 is Tampere die derde grootste stad in Finland, die grootste stad in die provinsie Wes-Finland asook die grootste stedelike sentrum in die Nordiese lande wat in die binneland geleë is. Vanweë sy wye verskeidenheid nywerhede word na Tampere dikwels ook as die "Manchester van die Noorde" verwys, terwyl dit in die Finse omgangstaal as Manse bekend staan. Geografie en klimaat[wysig] Tampere is die administratiewe sentrum van die gewes Pirkanmaa (wat dikwels ook "Tampere-gewes" genoem word) en op dieselfde breedtegraad soos Söderhamn in Swede en Lillehammer in Noorweë geleë sodat die dagligure se wisseling duidelik sigbaar word - 21 Junie is die langste dag van die jaar in Tampere waarop die son om 03:41 snags opgaan en eers om 23:12 uur ondergaan. In teenstelling hiermee gaan dit op die kortste dag van die jaar, 22 Desember, eers om 09:43 uur op en verdwyn reeds om 15:04 uur weer agter die horison. Die stadsgebied van Tampere strek oor 'n totale oppervlakte van 689,53 vierkante kilometer. Groot dele van die gebied het nog 'n landelike karakter sodat die bevolkingsdigtheid met sowat 400 inwoners per vierkante kilometer relatief laag is. Tampere grens in die weste aan Nokia en Ylöjärvi, in die suide aan Pirkkala en Lempääla en in die ooste aan Kangasala en Orivesi. Aangesien Tampere se stadsgebied ver na die noorde strek, is die noordelike buurdorpe Kuru en Ruovesi reeds sowat 70 tot 80 kilometer van Tampere se middestad af geleë. Alhoewel Tampere in die binneland van Finland geleë is, is water 'n alomteenwoordige element in die stadsgebied. Tampere het op 'n landstrook tussen twee mere, Näsijärvi en Pyhäjärvi, ontstaan, en die Tammerkoski-stroomversnelling met 'n lengte van 945 meter, wat as gevolg van die hoogteverskil van 18 meter tussen die twee mere gevorm het, word vir die opwekking van waterenergie gebruik. Die Sweedse naam van die stad, Tammerfors, is van hierdie waterval afgelei. Die stadsgebied behels meer as tweehonderd mere wat ontspanning en watersportgeriewe vir die bewoners bied. In administratiewe opsig word Tampere in ses stadsdistrikte verdeel: Keskustan piiri (die stadsentrum), Läntinen piiri (die westelike distrik), Pohjoinen piiri (die noordelike distrik), Itäinen piiri (die oostelike distrik), Eteläinen piiri (die suidelike distrik) en Kaakkoinen piiri (die suidoostelike distrik). Klimaat[wysig] Tampere het 'n kontinentale klimaat met 'n gemiddelde jaarlikse temperatuur van 4,1 °C en gemiddelde jaarlikse neerslae van 573 millimeter. Januarie en Februarie is die koudste maande van die jaar met 'n gemiddelde temperatuur van -7,8 °C, Julie die warmste met 17,3 °C. Tussen November en Maart daal die gemiddelde temperature benede vriespunt.
http://af.wikipedia.org/wiki/Tampere
Jamestown, Oos-Kaap - Die artikel handel oor die dorp in die Oos-Kaap, vir ander plekke met dieselfde naam, sien Jamestown. |Jamestown| |Koördinate: Koördinate:| |Land||Suid-Afrika| |Provinsie||Oos-Kaap| |Distriksmunisipaliteit||Joe Gqabi| |Plaaslike Munisipaliteit||Maletswai| |Stigting||1874| |Genoem na:||James Wagenaar| |Oppervlak| |- Dorp||11,98 km² (4,6 vk m)| |Bevolking (2011)insluitend Masakhane buurt| |- Dorp||4 666| |- Digtheid||390/km² (1 010,1/myl2)| |Tydsone||SAST (UTC+2)| |Poskode||9742| |Skakelkode(s)||051| Jamestown is 'n dorpie in die Oos-Kaap, 58 km suid van Aliwal-Noord, geleë op die N6 (ou wapadroete in die 19de eeu) tussen Queenstown en Aliwal-Noord. Dit vorm deel van die Maletswai Plaaslike Munisipaliteit in die Joe Gqabi-distriksmunisipaliteit. Die dorp het 'n klein, maar goeie, provinsiale hospitaal.[1] Inhoud Geskiedenis[wysig] NG gemeente[wysig] - Hoofartikel: NG gemeente Jamestown. Jamestown het in 1876, twee jaar ná sy stigting, sy eerste NG kerkgeboutjie gekry. Maandelikse dienste is om die beurt deur die predikante van Aliwal-Noord en Dordrecht gehou. In 1891 stig die gemeente af, maar eers op 25 Maart 1893 kom die eerste leraar, ds. Theodore James Meyer, hier aan. Hy het op 19 Maart 1898 aan die koors beswyk. Op 28 Oktober 1899 neem ds. William Loftie Eaton die taak verder. 'n Saal is in 1906 opgerig en die kerkgebou in 1912 gebou. Op 11 November 1933 volg ds. Pieter de Vos Grobbelaar vir ds. Eaton op. Hy was daarna leraar van die NG gemeente Rondebosch. 'n Doeltreffende, nuwe kerksaal is op 9 Maart 1951 ingewy. Die gemeente was nooit groot wat getalsterkte betref nie. In 1972 was hier byvoorbeeld 320 volwasse lidmate, wat tot 130 in 1994 daal en net 90 in 2006. Dit bly bestendig op 90 tot 2012, wat waarskynlik beteken dat nuwe gegewens nie aan die samestellers van die Jaarboek van die NG Kerke gestuur is nie. Die leraarspos in die gemeente was in 2013 steeds vakant, een van baie in die Oos-Kaapse Sinode van die NG Kerk wat op die oog af te klein geword het om 'n eie leraar te bekostig. Bekende boorlinge[wysig] - John Vorster - Eerste minister van Suid-Afrika. - H.B. Thom - Rektor van die Universiteit Stellenbosch. Sien ook[wysig] Eksterne skakels[wysig] Bronne[wysig] - Raper, P.E., Dictionary of South African Place Names, Lowry Publishers, Johannesburg, 1987. - Rosenthal, Eric, Encyclopaedia of Southern Africa; Juta and Company Limited, Cape Town & Johannesburg, 1980. - Olivier, ds. P.L. (samesteller), Ons gemeentelike feesalbum. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers, 1952. Verwysings[wysig] |Venterstad||Aliwal-Noord 58 km||Lady Grey| |Burgersdorp||Dordrecht, Elliot| |Jamestown| |Steynsburg||Queenstown 105 km||Lady Frere|
http://af.wikipedia.org/wiki/Jamestown,_Oos-Kaap
AANVULLINGSONDERRIG Oor ons Die NWU het onlangs die eerste universiteit in die wêreld geword wie se versoek toegestaan is om 'n streekkantoor vir Aanvullingsonderrig (AO) te vestig in 'n land wat reeds 'n nasionale AO-kantoor het. Me Mariaan Klopper van die NWU se Institusionele Akademiese Ondersteuningsdienste het tegelykertyd die derde persoon in Suid-Afrika - en een uit slegs 14 mense wêreldwyd - geword om as AO-opleier geakkrediteer te word. AO is 'n hoofstroom akademiese ondersteuningstelsel vir studente in hoërisiko-modules. Die studente ontvang in klein, informele groepe ondersteuning van opgeleide AO-leiers (studente wat reeds die module met welslae afgehandel het). Die AO-streekkantoor by die NWU is amptelik op 30 Julie 2010 geopen. By daardie geleentheid het dr Theuns Eloff, die NWU se Visekanselier, en dr Glen Jacobs, Uitvoerende Direkteur van die Internasionale Sentrum vir AO by die Universiteit van Missouri in Kansas City, VSA, 'n samewerkingsooreenkoms by die NWU se Institusionele Kantoor onderteken. Die NWU se streekkantoor bied AO-toesighoueropleidingsprogramme en ondersteun universiteite in die streek om Aanvullingsonderrigprogramme op hulle kampusse te beplan en in te stel. Dr Glen Jacobs, Uitvoerende Direkteur van die Internasionale Sentrum vir AO (links) en dr Theuns Eloff, Visekanselier (regs), by die ondertekening van die samewerkingsooreenkoms en opening van die NWU se AO-streekkantoor. 2011-03-15
http://www.nwu.ac.za/af/content/institutional-office-nwu-supplemental-instruction-oor-ons
Vertoonkamer 'n Vertoonkamer of toonkamer is 'n ruimte in 'n winkel of ander verkoopplek waar produkte wat in die winkel te koop aangebied word ten toon gestel word. Die doel van die vertoonkamer is sodat klante hierdie produkte beter kan bekyk, wat dikwels nie moontlik is by produkte wat binne hul verpakking in die winkel is nie. Vertoonkamers kom mens veral teë by motorhandelaars en meubelwinkels.
https://af.wikipedia.org/wiki/Vertoonkamer
Posts Tagged ‘kinder programme’ Afrikaanse Kinder programme soos Heidi, Dawie die Kabouter, Wielie-walie, Zet ens… Ek onthou nog hoe ek en my broer elke Sondag Dawie die Kabouter gekyk het en dan ook daai kinder program oor witbaard of iets wat in mense se liggaam is met die witbloedliggaampies ens. Wie kan dan mina moo vergeet? Of Brak en Jan? Deesdae is dit moeilik om daai kwaliteit programme te kry op tv. Hiers so paar videos van twee populere afrikaanse kinder programme; Dawie die kabouter en Heidi Afrikaanse kinder programme is die beste, ek sal maar so paar dvd’s moet aanskaf voordat dit verlore raak met tyd.
http://saskopgat.com/tag/kinder-programme/
Chapter 22 1 En die fees van die ongesuurde brode, wat pasga genoem word, was naby. 2 En die owerpriesters en die skrifgeleerdes het gesoek hoe hulle Hom kon ombring, want hulle het die volk gevrees. 3 En die Satan het in Judas gevaar, wat Isk riot genoem word en wat uit die getal van die twaalf was. 4 Toe het hy gegaan en met die owerpriesters en hoofde beraadslaag hoe hy Hom aan hulle kon oorlewer. 5 En hulle was bly en het met hom ooreengekom om hom geld te gee. 6 En hy het toegestem en na 'n goeie geleentheid gesoek om Hom sonder oproer aan hulle oor te lewer. 7 En die dag van die ongesuurde brode het gekom waarop die pasga geslag moes word. 8 Toe stuur Hy Petrus en Johannes en sê: Gaan berei die pasga vir ons, dat ons dit kan eet. 9 En hulle sê vir Hom: Waar wil U hê moet ons dit berei? 10 En Hy antwoord hulle: Kyk, as julle in die stad ingaan, sal 'n man julle ontmoet wat 'n kruik water dra; volg hom na die huis waar hy ingaan. 11 En julle moet vir die eienaar van die huis sê: Die Meester vra u -- waar is die kamer waar Ek die pasga met my dissipels kan eet? 12 En hy sal julle 'n groot bovertrek wys wat reggemaak is; daar moet julle dit berei. 13 En hulle het gegaan en dit gevind soos Hy vir hulle gesê het, en die pasga berei. 14 En toe die uur kom, het Hy aan tafel gegaan en die twaalf apostels saam met Hom. 15 En Hy sê vir hulle: Ek het baie sterk daarna verlang om hierdie pasga met julle te eet voordat Ek ly. 16 Want Ek sê vir julle: Ek sal sekerlik nie meer daarvan eet voordat dit in die koninkryk van God vervul is nie. 17 En toe Hy 'n beker geneem het, dank Hy en sê: Neem dit en deel dit onder julle. 18 Want Ek sê vir julle: Ek sal sekerlik nie drink van die vrug van die wynstok voordat die koninkryk van God gekom het nie. 19 Daarop neem Hy brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan hulle en sê: Dit is my liggaam wat vir julle gegee word; doen dit tot my gedagtenis. 20 Net so neem Hy ook die beker n die maaltyd en sê: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed wat vir julle uitgestort word. 21 Maar kyk, die hand van hom wat My verraai, is by My aan tafel. 22 Die Seun van die mens gaan wel heen volgens wat bepaal is, maar wee daardie man deur wie Hy verraai word! 23 Toe begin hulle onder mekaar te vra wie van hulle dit tog kon wees wat dit sou doen. 24 En daar het ook twis onder hulle ontstaan oor wie van hulle die grootste geag moet wees. 25 En Hy het vir hulle gesê: Die konings van die nasies heers oor hulle, en die wat gesag voer oor hulle, word weldoeners genoem. 26 Maar so moet julle nie wees nie; maar die oudste onder julle moet word soos die jongste, en wie 'n leier is, soos een wat dien. 27 Want wie is groter: die een wat aan tafel is, of die een wat dien? Is dit nie hy wat aan tafel is nie? Maar Ek is onder julle soos een wat dien. 28 En dit is julle wat altyddeur by My gebly het in my versoekinge. 29 En Ek beskik vir julle 'n koninkryk soos my Vader dit vir My beskik het, 30 sodat julle kan eet en drink aan my tafel in my koninkryk en op trone sit om die twaalf stamme van Israel te oordeel. 31 En die Here sê: Simon, Simon, kyk, die Satan het vurig begeer om julle soos koring te sif. 32 Maar Ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie ophou nie; en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk. 33 En hy het vir Hom gesê: Here, ek is gereed om saam met U selfs in die gevangenis en in die dood te gaan. 34 Maar Hy antwoord: Ek sê vir jou, Petrus, die haan sal vannag nie kraai voordat jy drie maal geloën het dat jy My ken nie. 35 En Hy sê vir hulle: Toe Ek julle uitgestuur het sonder beurs en reissak en skoene, het julle iets kortgekom? En hulle antwoord: Niks nie. 36 Toe sê Hy vir hulle: Maar nou, wie 'n beurs het, laat hom dit neem en so ook die reissak; en wie dit nie het nie, moet sy kleed verkoop en 'n swaard koop. 37 Want Ek sê vir julle dat dit wat geskrywe is, nog aan My vervul moet word: En Hy is saam met misdadigers gereken. Want ook aan die dinge wat betrekking het op My, kom daar 'n einde. 38 Hulle sê vir Hom: Here, kyk hier is twee swaarde. En Hy antwoord hulle: Dit is genoeg. 39 En Hy het vertrek en volgens gewoonte na die Olyfberg gegaan. En ook sy dissipels het Hom gevolg. 40 En toe Hy op die plek kom, sê Hy vir hulle: Bid dat julle nie in versoeking kom nie. 41 En Hy het Hom van hulle afgesonder omtrent so ver as 'n mens met 'n klip kan gooi, en neergekniel en gebid 42 en gesê: Vader, as U tog maar hierdie beker van My wil wegneem! Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geskied! 43 En 'n engel uit die hemel het aan Hom verskyn en Hom versterk. 44 En toe Hy in 'n sware stryd kom, het Hy met groter inspanning gebid, en sy sweet het geword soos bloeddruppels wat op die grond val. 45 Toe staan Hy van die gebed op en kom by sy dissipels en vind hulle aan die slaap van droefheid. 46 En Hy sê vir hulle: Wat slaap julle? Staan op en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. 47 En terwyl Hy nog spreek, kom daar 'n skare; en hy wat Judas genoem word, een van die twaalf, het voor hulle uit geloop en nader gekom na Jesus om Hom te soen. 48 En Jesus sê vir hom: Judas, verraai jy die Seun van die mens met 'n kus? 49 En toe die wat rondom Hom was, sien wat gaan gebeur, sê hulle vir Hom: Here, moet ons met die swaard slaan? 50 En een van hulle het die dienskneg van die hoëpriester getref en sy regteroor afgekap. 51 Maar Jesus het geantwoord en gesê: Hou op, dit is genoeg! En Hy het sy oor aangeraak en hom gesond gemaak. 52 Toe sê Jesus vir die owerpriesters en hoofde van die tempel en ouderlinge wat teen Hom gekom het: Het julle uitgetrek soos teen 'n rower met swaarde en stokke? 53 Dag vir dag was Ek saam met julle in die tempel, en julle het nie die hande teen My uitgesteek nie. Maar dit is julle uur en die mag van die duisternis. 54 En hulle het Hom gevange geneem en weggelei en Hom gebring in die huis van die hoëpriester. En Petrus het van ver af gevolg. 55 En toe hulle 'n vuur in die middel van die binneplaas van die paleis gemaak en bymekaar gaan sit het, het Petrus onder hulle gesit. 56 En 'n diensmeisie het hom daar by die vuur sien sit; en nadat sy hom vas aangekyk het, sê sy: Hierdie man was ook saam met Hom. 57 Maar hy het Hom verloën en gesê: Vrou, ek ken Hom nie. 58 En kort daarna sien iemand anders hom en sê: Jy is ook een van hulle. Maar Petrus sê: Man, ek is nie. 59 En n verloop van omtrent een uur het 'n ander een dit verseker en gesê: Sowaar, hierdie man was ook saam met Hom, want hy is ook 'n Galilër. 60 Maar Petrus antwoord: Man, ek weet nie wat jy sê nie. En onmiddellik, terwyl hy nog praat, het die haan gekraai. 61 En die Here het Hom omgedraai en Petrus aangekyk, en Petrus het die woord van die Here onthou wat Hy vir hom gesê het: Voordat die haan kraai, sal jy My drie maal verloën. 62 En Petrus het buitentoe gegaan en bitterlik geween. 63 En die manne wat Jesus gevange gehou het, het Hom bespot en geslaan. 64 En hulle het Hom geblinddoek en Hom in die aangesig geslaan en Hom gevra en gesê: Profeteer wie dit is wat U geslaan het. 65 En baie ander dinge het hulle lasterlik teen Hom gespreek. 66 En toe dit dag word, het die oudstes van die volk -- die owerpriesters en skrifgeleerdes -- vergader en Hom voor hulle Raad gebring 67 en gesê: As U die Christus is, sê vir ons. En Hy antwoord hulle: As Ek vir u sê, sal u tog nie glo nie. 68 En as Ek vra, sal u My tog nie antwoord of loslaat nie. 69 Van nou af sal die Seun van die mens sit aan die regterhand van die krag van God. 70 En hulle sê almal: Is U dan die Seun van God? En Hy antwoord hulle: U sê dat Ek dit is. 71 Daarop sê hulle: Wat het ons nog getuienis nodig! Want ons het dit self uit sy mond gehoor.
http://www.speedbibleverse.com/afrikaans/B42C022.htm
Naaldekoker |Naaldekoker| |Trithemis kirbyi| |Wetenskaplike klassifikasie| |Families| 'n Naaldekoker is 'n soort insek wat tot die orde Odonata behoort. Naaldekokers word gekenmerk aan hulle groot saamgestelde oë, twee paar sterk, deursigtige vlerke en 'n verlengde liggaam. Alhoewel hulle soos ander insekte oor ses bene beskik, kan hulle nie loop nie. Daar is byna 3000 soort naaldekokers wêreldwyd. Naaldekokers is soortgelyk aan waterjuffers (wat tot dieselfde orde behoort), maar daar word onderskeid getref tussen volwasse naaldekokers en waterjuffers. Naaldekokers se liggaamsbou verskil van waterjuffers: naaldekokers se agtervlerke is breër as hulle voorvlerke, terwyl die voor- en agtervlerke van waterjuffers gelyk is. Naaldekokers hou ook hulle vlerke weg van en loodreg tot hulle liggame wanneer hulle rus, terwyl waterjuffers hulle vlerke teen hulle liggame hou. Naaldekokers is waardevolle roofinsekte: hulle eet muskiete, wat 'n groot las vir die mens en ander diere is. Hulle eet ook ander klein insekte soos vlieë, bye, miere en skoenlappers. Hierdie insek word gewoonlik naby mere, poele, strome en ander waterliggame aangetref, aangesien hulle larwes ("nimfe") waterliewend is. Nimfe kan byt wanneer hulle bedreig voel: die byt is pynlik en moet goed ontsmet word om infeksie te voorkom.
https://af.wikipedia.org/wiki/Naaldekoker
Ganymedes (mitologie) Ganymedes (Grieks: Γανυμήδης) was in die Griekse mitologie ’n goddelike held en Trojaanse prins, seun van Tros van Dardanië en Callirrhoe. Hy was die aantreklikste sterflike, en daarom het Zeus in die vorm van ’n arend hom ontvoer om sy minnaar en skinker vir die gode op die berg Olimpus te word. Mite[wysig] Ganymedes is deur Zeus van Berg Ida in Frigië ontvoer terwyl hy skape opgepas het. Toe Zeus hom sien, het hy dadelik op hom verlief geraak en ’n arend gestuur om hom na Olimpus te neem, of hy het self in ’n arend verander. As ’n Trojaan vorm Ganymedes deel van die vroegste, pre-Hellenistiese vlak van Egeïese mite. Plato het gemeen dat hy deur die Kretensers uitgedink is as bewys van "plesier [...] teen die natuur in".[1] Homerus brei nie uit oor die erotiese aspek van Ganymedes se ontvoering nie, maar dit is beslis op ’n erotiese manier dat Afrodite na sy blonde Trojaanse skoonheid verwys in Homerus se Loflied aan Afrodite, waarin sy praat van Zeus se liefde vir Ganymedes. Op Olimpus maak Zeus sy minnaar onsterflik en hy word die skinker van die gode in die plek van Hebe. J. Veckenstedt (Ganymedes, Libau, 1881) het probeer bewys dat Ganymedes die oorsprong was van die drank heuningbier, wat in Frigië ontstaan het. Ganymedes se pa, Tros, het intussen oor sy seun getreur. Zeus stuur toe vir hom twee perde, so vinnig dat hulle oor die water kon hardloop. Zeus gee later vir Ganymedes ’n plek aan die hemelruim as die sterrebeeld Waterdraer, wat steeds met die sterrebeeld Arend (Aquila) verbind word. Sy naam is ook gegee aan een van die mane van Jupiter, die planeet wat na Zeus se eweknie in die Romeinse mitologie genoem is. Galery[wysig] Verwysings[wysig] - Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel [1] - Plato, Wette, 636D in Thomas Hubbard, Homosexuality in Greece and Rome, bl. 252 Eksterne skakels[wysig] - Die Mite van Zeus en Ganymedes. - Peter R. Griffith oor die homo-erotiese simboliek van Ganymedes - Images: [2], [3], [4], *Alternatiewe weergawes van die Ganymedes-mite |Gode, helde en ander wesens in die Griekse mitologie|
http://af.wikipedia.org/wiki/Ganymedes_(mitologie)
Abakus 'n Abakus is 'n rekenkundige toestel, dikwels saamgestel as 'n houtraam met krale wat op drade gly. Dit was in gebruik eeue voor die aanvaarding van die geskrewe Hindoe-Arabiese numeriese stelsel en word steeds algemeen gebruik deur handelaars en klerke in Sjina en elders. Alhoewel die ontwerp van die abakus dikwels toegeskryf word aan die Sjinese, blyk dit dat die abakus omstreeks 2400 v.C. deur die Babeloniërs uitgevind is. Die eerste abakus was baie waarskynlik gebaseer op 'n plat klip bedek met sand of stof. Lyne is in die sand getrek en klippies is gebruik om te help met berekenings. 'n Verskeidenheid van abakusse is op hierdie beginsel ontwikkel. Die gewildste is gebaseer op die twee-vyfdelige stelsel, en gebruik 'n kombinasie van twee basisse (basis-2 en basis-5) om desimale getalle te verteenwoordig. Die gebruik van die woord abakus dateer terug na voor 1387 toe 'n Middel Engelse geskrif die woord uit Latyn geleen het om 'n sandbord-abakus te beskryf. Die Latynse woord het van abakos gekom, die Griekse genitiewe vorm van abax ("bereken-tabel"). Omdat abax ook die betekenis het van "tabel gesprinkel met sand of stof, gebruik vir die teken van geometries{e} figure," , is daar deur sommige taalkundiges gespekuleer dat die Griekse woord afkomstig kan wees van 'n Semitiese wortel, ābāq, die Hebreeuse woord vir "stof". Terwyl besonderhede van dié afkoms onduidelik is, mag dit ook afkomstig wees van die Phoenisiese woord abak, wat "sand" beteken. Die meervoud van abakus is abakusse.
https://af.wikipedia.org/wiki/Abakus
Print version ISSN 0041-4751 Tydskr. geesteswet. vol.51 no.4 Pretoria Dec. 2011 NAVORSINGS- EN OORSIGARTIKELS Die semiosis van die (on)natuurlike en die (ab)normale: oor verwondering en onttowering in die kognitiefsemantiese definiëring van die kategorie mens The semiosis of the (un)natural and the (ab)normal: on wonder and disenchantment in the cognitive semantic definition of the category HUMAN Piet Swanepoel Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap, Universiteit van Suid-Afrika, Pretoria E-pos: firstname.lastname@example.org OPSOMMING Daston (1998) sluit haar makronarratief van die opkoms en val van die kategorieë van die (on)natuurlike en die (ab)normale tussen die Vroegmoderne periode en die Wetenskaplike Rewolusie af met die opmerking dat die geldigheid daarvan nog aan mikronarratiewe getoets moet word. Die hoofdoel van hierdie artikel is om aan te dui watter lig twee minder bekende tekste uit die korpus Nederlandse natuurhistoriese tekste op hierdie kwessie werp. Die fokus val op hoe Adriaen Coenen (1514-1587) hierdie kategorieë kon gekonseptualiseer het op basis van sy visensiklopedie Visboeck (1577-1579). Sy empiriese ontologie en epistemologie maak volgens Florike Egmond en Peter Mason (cf. Egmond & Mason 1992, 2000) van Coenen 'n voorloper van die epistemiese oorgang van die Vroegmoderne periode en die Wetenskaplike Rewolusie. In hierdie artikel word aangetoon dat, alhoewel Coenen nie soos sy Middeleeuse voorgangers hierdie kategorieë op emblematiese wyse benader het nie, hy nogtans die natuur as "boek" gelees het waarin die Skepper Hom aan die mensdom openbaar. Om hierdie aansluiting by sy voorgangers duidelik te maak, word daar 'n ontleding aangebied van die eerste bestiarium in Nederlands, naamlik Jacob van Maerlant se Der naturen bloeme (ca. 1270). Die interpretasieproses (semiosis) word uiteengesit en daar word aangedui hoe die relevante kategorieë gedefinieer is teen die Groot Ketting van Bestaan, 'n teorie van die essensie van kategorieë en die "plaaslik-lokale" religieuse, morele, estetiese waardes, ens. van Van Maerlant se teikengehoor. In die ontleding van Visboeck word daar aangetoon hoe Coenen op meerdere epistemologiese strategieë gesteun het by die interpretasie van die betrokke kategorieë. Hy was deeglik daarvan bewus dat prioritisering van sig allerlei gevare ingehou het omdat ook die duiwel mense se interpretasie van natuurkategorieë kon bepaal. Die slotsom van die artikel is dat in die epistemiese oorgang van een periode in die geskiedenis na 'n ander meerdere en komplekse ontologiese en epistemologiese uitgangspunte die wêreldbeskouing van 'n individu kan bepaal en dat die besondere konseptualisering van die (on)natuurlike, (ab)normale en wonderlike in diens staan van die poging om sin te maak van die kategorie MENS. Trefwoorde: Semiosis, (on)natuurlike kategorieë, (ab)normale kategorieë, wonder(like) kategorieë, bestiarium, Middeleeue, Vroegmoderne Periode, Wetenskaplike Rewolusie, makrogeskiedenis, mikrogeskiedenis, makronarratief, mikronarratief, Jacob van Maerlant, Der naturen bloeme, Adriaen Coenen, Visboeck ABSTRACT Daston (1998) concludes her macronarrative of the rise and fall of the categories of the natural and unnatural between the Early Modern Period and the Scientifi c Revolution (15001700) with the remark that this narrative should be supplemented with local conceptions (i.e. micronarratives) of these categories. The main goal of this article is to indicate what contribution two works within the neglected corpus of Dutch natural histories can make to "fill in" the local details of such a macronarrative. The focus falls on how Adriaen Coenen (1514-1587) could have perceived these categories as evidenced by his marine encyclopaedia Visboeck ("Fish book"; 1577-1579). Florike Egmond and Peter Mason (cf. Egmond & Mason 1992, 2000) have indicated that Coenen prioritised an empirical epistemological approach to the (un)natural and (ab)normal, and not an emblematic one such as his forerunners of the bestiary tradition of the Dutch Middle Ages. Egmond and Mason therefore conclude that Coenen should be seen as a forerunner of the Early Modern Period of the Scientific Revolution. As is argued in this article, although Coenen did not have an emblematic world view (as defined for example by Ashworth 1990), he did read nature as a "book" (general revelation) to determine what it revealed about God to humankind. To place Coenen's epistemological and ontological perspectives on these categories in the right perspective, an analysis is provided in Section 3 of the typical bestiary approach as evidenced in the first bestiary in Dutch, namely Jacob van Maerlant's Der naturen bloeme ("The best from nature") (ca.1270). The focus falls on Van Maerlant's treatment of the (un)natural, the (ab) normal and the wonderful in God's creation. Entries from Der naturen bloeme are provided to debunk the myth that natural historians of the bestiary tradition had no regard for the materiality of objects but simply tried to fathom their symbolical meanings. The process of "interpreting" the semantic layers of natural-kind categories is discussed in line with the theoretical approach outlined in Section 2 of this article, namely the semiological, hermeneutic and cognitive semantic aspects of the semiosis of categories. It is indicated how the categories of the (un)natural, (ab)normal and wonderful are defined relative to the hierarchy inherent in the Great Chain of Being, its associated theory of the essences of kinds, and local, temporal and culture-specifi c sets of, for example, religious, moral, and aesthetic values. Adriaen Coenen's epistemological and ontological approach in Visboeck to the categories under discussion are discussed in more depth in Section 4. Despite the fact that he prioritised an empirical epistemology, it is also indicated that Coenen relies on a number of epistemological strategies: the principle of auctoritas (like his forerunners from the Middle Ages) and simple referential procedures. He also acknowledges the fact that the evidence of vision itself could be highly fallible, and that whatever interpretations one may make of natural categories they could also be the work of the devil himself. Obsessed with all that is strange and wonderful, Coenen devotes a number of the articles in his "encyclopaedia" to monsters of all kinds, also stressing their role as "warnings from God". Above all, Visboeck is evidence of Coenen's ability to see in nature how God, as almighty Creator, reveals himself to man. The final conclusion is that the hypothesised macronarrative of (clear) epistemic breaks between historical periods does not hold up when one analyses micronarratives such as that of Van Maerlant's Der naturen bloeme and Coenen's Visboeck. In the cross-over from one period to the other (Middle Ages, the Early Modern Period and the Scientifi c Revolution) a variety of ontological and epistemological positions were possible, all positions finally aimed at trying to fathom the category HUMANKIND. Key concepts: Semiosis, (un)natural categories, (ab)normal categories, wonder(ful) categories, bestiary, Middle Ages, Early Modern Period, Scientific Revolution, macrohistory, microhistory, macronarrative, micronarrative, Jacob van Maerlant, Der naturen bloeme, Adriaen Coenen, Visboeck, epistemology, ontology 1. INLEIDING Daston (1998) sluit haar bespreking van die opkoms en ondergang van die ontologiese kategorieë van die natuurlike en die onnatuurlike (of: die buite- en bonatuurlike, met as geassosieerde kategorieë die normale, die abnormale en die wonderbaarlike)1 in die Vroegmoderne periode (1500-1700) af met die opmerking dat dit inderdaad 'n tipiese makronarratief ("grand narrative") is wat nog met "lokale" besonderhede (dit is mikronarratiewe) aangevul moet word. Alhoewel meer lokale besonderhede oor die konseptualisering (en dus ontologiese status) van die (on)natuurlike kategorieë verskaf word in Daston en Parks (sien Daston & Parks 1998) se bekende werk oor wonders en verwondering in die natuurlike historie, fokus hulle veral op die konseptualisering van hierdie kategorieë deur meestal bekende en geleerde natuurhistorici, natuurfilosowe, teoloë - oor die algemeen, "geleerdes" van allerlei soort. Een van die vernaamste punte van kritiek van mikrohistorici op sulke makronarratiewe en op die periodisering waarop dit steun,2 is juis dat hulle as veralgemenings nie rekenskap gee van die verskeidenheid en kompleksiteit van benaderings tot die (on)natuurlike, bo- en buitenatuurlike en die (ab)normale as kategorieë nie; en in die besonder nie van hoe die man op straat oor hierdie kategorieë gedink het, emotief daarop gereageer het en hoe hierdie konstrukte hulle daaglikse handel en wandel geraak het nie. Die makronarratief van ons empiriese kennis en die funksie van die natuur, van die natuurlike, bonatuurlike, onnatuurlike, die normale en die wonderbaarlike as natuurkategorieë, is ook een so 'n veralgemening wat nie die kompleksiteit van die uitbreiding van ons kennis van die natuur dek nie. Gewoonlik spring sulke verhale van die natuurkunde van Aristoteles (384-322 VC (die Klassieke Tydperk)) na die empirisme van Bacon (1561-1626; (die Wetenskaplike Rewolusie)). Die bydraes van Laatmiddeleeuse natuurhistorici asook dié van die Vroegmoderne periode, en veral die komplekse sieninge wat hulle van die natuur gehad het, word in sulke verhale gewoon weggelaat. As argument hiervoor word aangevoer dat die teosentriese benadering van hierdie natuurondersoekers en die wydverspreide praktyk om te steun op reeds bestaande bronne in hulle natuurbeskrywings nie veel tot ons empiriese kennis van die natuur bygedra het nie. Hierdie weglating laat ons dus met 'n beeld van die ontwikkeling van ons empiriese kennis van die natuur as synde een wat liniêr en progressief verloop het, met duidelike epistemiese verskuiwings tussen die verskillende periodes (sien byvoorbeeld ook Ashworth 1990; Egmond, Jorink & Vermij 1999; Foucault 1969 en Mason 2009). Egmond en Mason het egter in verskeie publikasies aangetoon dat hierdie makronarratief, en veral die soort binêre teenstellings waarop daar gesteun word (geleerd vs. niegeleerd; objektiwiteit vs. subjektiwiteit, bygeloof of teosentrisme; wetenskaplike saaklikheid/afstandelikheid vs. vermaak, hoë kultuur vs. lae kultuur, ens.) nie stand hou as mens die geskrifte van die minder bekende natuurhistorici in ag neem nie, maar dan individue met basiese praktiese kennis van hulle veld, soos Adriaen Coenen of Ambroise Paré. (Sien Egmond 1997, 2005; Egmond & Mason 1992, 1996, 1997, 2000). In Egmond en Mason (1992, 2000) word daar byvoorbeeld gewys op die feit dat Adriaen Coenen (1514-1587) se manuskripte Visboeck (1577-1579; voortaan afgekort tot VB) en Walvisboek(1584-1585) getuig van sy prioritisering van 'n empiriese epistemologie - dus dat hy eintlik 'n voorganger van die Wetenskaplike Rewolusie was - en die feit dat hy nie, soos sy Middeleeuse voorgangers in die bestiariumtradisie, 'n emblematiese siening van die natuur gehad het nie (sien die bespreking in afdeling 3). Ter ondersteuning hiervan voer hulle aan dat hy slegs een keer in VB na die simboliese duiding van 'n spesie verwys, en dan ook net indirek as hy Willem van Oranje hulle "pelikaan" noem wat hulle van die Spaanse onderdrukking moet bevry ("den Edelen Prins van Orangen Onsen vromen pellicaen van Hollant en Zeelant"; VB, f.41).3 Lees mens egter VB deur, dan is dit wel duidelik dat Coenen hom weliswaar nie op die tradisonele emblematiese betekenis van natuurkategorieë in die bestiariumtradisie beroep nie, maar dat hy nogtans die natuur as openbaring van God geïnterpreteer het - en daarin het die kategorieë van die (on)natuurlike, (bo)natuurlike en (ab)normale 'n kardinale rol gespeel. In hierdie opsig sluit Coenen aan by, maar verskil ook baie duidelik van, sy Middeleeuse voorgangers. Terselfdertyd kan daar ook aangetoon word dat Coenen in die samestelling van VB wel by sy tydgenote, in die besonder by Gesner, aangeleun het, maar ook wesentlik van die emblematiese benadering van Gesner4 en natuurhistorici soos Aldrovandi verskil het. Kortom: 'n prioritisering van 'n empiriese epistemologie in die bestudering van die natuur sluit nie uit dat mens ook die natuur kan ondersoek oor wat dit vir die mens oor God self kan openbaar nie - 'n komplekse epistemologiese uitgangspunt wat bewys dat alle mense nie noodwendig - en dan nog op 'n spesifieke tydstip - die natuur slegs empiries objektief of teosentries-simbolies benader (het) nie. Verskeie epistemologiese variasies is en was dus moontlik. In hierdie artikel word daar verder ingegaan op hierdie mikrohistoriese blik op die aard en verskuiwing in die epistemologieë van minder bekende natuurhistorici uit ons Nederlandse erfskat. In die navorsing oor die werk van natuurhistorici is daar nog weinig aandag gegee aan die bydraes van die vroeë Nederlandse natuurhistorici wat hulle tekste in Nederlands saamgestel het (dit wil sê in die volkstaal in plaas van Latyn).5 Nog minder word daar historiese navorsing gedoen oor die natuurlike historie as 'n vorm van (semantiese) kategorisering. Soos sal blyk, val die klem in hierdie artikel dan ook nie op die historiografie van die beoefening van die natuurwetenskap nie - die uitgangspunt is taalkundig. In die besonder word daar vanuit die kognitiewe semantiek gekyk na die inhoud, struktuur en funksie van die kategorieë van die (on)natuurlike, bo- en buitenatuurlike, die (ab)normale en die wonderlike en die onvermydelike ontologiese en epistemologiese kwessies wat daarmee saamgaan. Om die kompleksiteit en verskille in die kategorisering van hierdie natuurkategorieë in VB duideliker in perspektief te stel, word daar in afdeling 3 eers 'n ontleding aangebied van hierdie kategorieë in die Middeleeuse Nederlandse bestiarium Der naturen bloeme (ca. 1270) (voortaan afgekort tot: DNB) van Jacob van Maerlant (ca.1230-1288) - die eerste bestiarium in Nederlands6 - voor daar in afdeling 4 in meer besonderhede ingegaan word op die kategorisering, interpretasie en representasie van die natuur in Coenen se Vroegmoderne ensiklopedie VB. Die semiotiese/hermeneutiese prosesse wat in hierdie twee tekste ter sake is, word in meer besonderhede bespreek in afdeling 2. 2. KATEGORISERING EN INTERPRETASIE As teoretiese vertrekpunt vir hierdie navorsing word daar gesteun op kernaannames van die kognitiewe semantiek oor kategorisering (sien Kövecses 2006), Peirciaanse semiosis (sien byvoorbeeld die oorsig van Atkin 2010) en hermeneutiese teorieë, metodes en interpretasiepraktyke (sien vir 'n eenvoudige uiteensetting Demeterio 2001). Vir die doeleindes van die ontledings in hierdie artikel kan die interpretasieproses in die volgende, vereenvoudigde diagram weergegee word: In Diagram 1 word die resultaat van die interpretasie van die natuur (die perseptuele invoer) weergegee as 'n kategorie/konsep (of groter konseptuele eenhede soos skemas, basiese narratiewe strukture of wêreldbeelde). Mentale representasies van hierdie aard is die uitkoms van komplekse prosesse van betekenisgewing, en hulle funksioneer in die semiotiek as die betekenis (letterlik en/of figuurlik) waarheen die perseptuele invoer as teken verwys. Die bestaan van hierdie mentale representasie vooronderstel die bestaan van 'n interpretant of leser. Hier word verder onderskei tussen die invoerdata wat as inset dien vir kategorisering/interpretasie, wat óf 'n persoon se eie belewing van die natuur kan wees, haar afleidings daaroor, óf enige ander multimodale representasie daarvan, dit is die teken, teks of multimodale representasies wat geïnterpreteer moet word om uiteindelik die betekenis of waarheid daarvan vas te stel. Die derde been van hierdie semiotiese driehoek is 'n representasie van die mentale representasie van die leser/skrywer. Hierdie uitsetrepresentasie word van die insetrepresentasie onderskei om rekenskap te kan gee van die feit dat iemand soos Coenen byvoorbeeld sy eie waarneminge plus representasies van ander in sy eie mentale representasies verwerk het en dan op sy beurt weer in VB weergegee het. Ter illustrasie: in Egmond en Mason (2000) het die outeurs in detail die representasies nagespeur van al Coenen se representasies (waterverfskilderye) van die kategorie MENS (Inuïet, die edelliede van Kalikoet, die Pliniaanse monsterrasse, watermense, ens.), en die outeurs dui ook duidelik aan hoe Coenen se eie representasies van dié van sy bronne verskil of daarmee ooreenkom en wat hy met hierdie verwerkings van die oorspronklike representasies heel waarskynlik te kenne wou gee. Die interpretasie van nielinguistiese multimodale representasies (of multimodale representasies waarin die linguistiese aspek figureer) as "tekste" is sedert die sewentigerjare 'n algemene verskynsel in verskillende dissiplines. (Sien byvoorbeeld Bal 1990; Crang 1998; Tuan 1974, 1979.) Die interpretasie van multimodale tekste - waarvan die natuur en die kategorieë daarvan 'n goeie voorbeeld is - is 'n dissipline waarin daar op verskillende teorieë, metodologieë en ontledingspraktyke gesteun word (sien byvoorbeeld Alpers 1983; Kress & Van Leeuwen 2006 en O'Toole 2011). In ooreenstemming met die kognitiewe semantiek word daar aanvaar dat daar geen een-opeen-relasie tussen enigeen van die drie komponente van die hermeneutiese/semiotiese driehoek is nie, maar 'n komplekse wisselwerking (sien Kövecses 2006). Wat die relasie tussen inset- en uitsetrepresentasies betref, is reeds vermeld dat Coenen die representasies in sy bronne meestal op kreatiewe wyse hergebruik het in sy eie waterverftekeninge in VB. Hierdie soort intertekstualiteit vorm 'n inherente kenmerk van die dokumentasie in die natuurlike historie van die tyd (sien byvoorbeeld Egmond & Mason 2000 en Mason 2009 oor die hersirkulasie van prototipiese representasies van natuurlike spesies). Die kognitiewe semantiek verwerp die soort naïewe realisme waarin mentale representasies gelyk gestel word aan die invoer van menslike waarneming (dit is wat aangedui word as insetrepresentasie in Diagram 1); insgelyks word sterk variante van semantiese konstruksionisme verwerp (sien Lakoff 1987 en Kövecses 2006). Terselfdertyd word daar aanvaar dat 'n mens se mentale representasies (bestaande kategorieë, skemas, 'n wêreldbeeld, ens.) 'n rol in jou eie waarneming en interpretasie van insetdata speel. Sien ter illustrasie byvoorbeeld Spolsky (2009) se ontleding van hoe gevestigde godsdienstige kategoriekomplekse (as kognitiewe, emotiewe en motoriese gehele) gevestig geraak het in Katolieke rituele en hoekom dit juis vir die Hervormers in die sestiende eeu besonder moeilik was om bestaande Katolieke opvattinge en godsdienstige praktyke verander te kry. Benewens die gesitueerdheid en beliggaamdheid van die betekenis van mentale representasie (sien Kövecses 2006) word daar in Diagram 1 ook voorsiening gemaak vir die impak van kontekstuele veranderlikes op 'n interpretant/leser se interpretasie van die natuur. Die Spaanse besetting van die Nederlande, die beeldestorm in Holland, die Hervorming en die opkoms van die Protestantisme is byvoorbeeld belangrike persoonlik-kontekstuele veranderlikes waarna Coenen in VB verwys. (Sien ook Freedberg 1982.) 3. DIE (ON)NATUURLIKE, (AB)NORMALE EN DIE WONDERLIKE IN DER NATUREN BLOEME Aan die basis van die hermeneutiese omgang met die natuur in die bestiariumtradisie lê die aanname dat God Hom openbaar aan die mens in sy Woord (die Bybel; die besondere ("specified") openbaring) en in sy Skepping (die natuur; die algemene openbaring). 'n Tweede aanname is dat aangesien altwee tekste deur dieselfde outeur geskep is, hulle mekaar nie onderling sal weerspreek nie. Die natuur is dus, soos die Bybel, letterlik en metafories "gelees" vir die waarhede wat dit oor God self aan die mens geopenbaar het. Gegee die sondeval, is die mens as interpretant egter feilbaar en sy interpretasievermoë beperk. In sy interpretasies van enige van die twee "boeke" sou hy dus foute kon maak. Joseph (1998:205) formuleer dit so: The means with which they sought truth often seem naive. But truth was rarely mystifi ed by personal ambition or national pride. Their dogmas were not spun to disenfranchise portions of humanity in order to prove their own worth. They sought to understand the condition of humanity. They did this in an aggressively semiotic fashion; they interpreted the signs of God as best as they could apprehend such signs. But they understood that one couldlie as well as tell the truth and that signs could be misread as well as properly read. It is a modern conceit to think that Medieval man was an intellectual fool. We like to think that he walked around in a speculative universe of mystic revelation. Dit is ook 'n oorveralgemening om te beweer dat die Middeleeuers net op die simboliese waarhede van natuurlike spesies gefokus het (sien byvoorbeeld Cronin 1941; Von Christoph 1988 en White 1947) en as't ware deur die materialiteit van die wesens gekyk het om die simboliese betekeniswaardes agter die oppervlakte te ontsyfer. Ontledings van die afsonderlike inskrywings in DNB laat blyk dat die spesies (en dus as inset vir hulle kategorisering) omskryf word in terme van kenmerke soos hulle morfologie, habitat, voeding, voortplanting, antropomorfiese karaktertrekke, natuurlike antipatieë of simpatieë, hoe hulle gevang kan word, en hulle nut as voedsel of medisyne - kenmerke dus wat soos in enige hedendaagse woordeboek of ensiklopedie as die eerste, maar dan letterlike laag van betekenis onderskei sal word (ongeag die bron en status van hierdie inligting; sien Swanepoel 2004). As 'n tweede betekenislaag is daar dan die simboliese betekenis onderskei, en dié kon, soos in die geval van gangbare modelle vir Bybelinterpretasie, enige van die drie soorte nieletterlike betekenis omvat: algemene geloofswaarhede (byvoorbeeld as teken van die genade en voorsienigheid van God), spesieke dogmas van die kerk (byvoorbeeld die maagdelike geboorte van Christus), of morele gedrag (byvoorbeeld optrede teenoor jou naaste of seksuele gedrag).7 'n Tipiese voorbeeld uit DNB is die inskrywing oor die beer waarin 'n magdom gegewens oor die beer en sy gedrag verskaf word, onder meer dat 'n berin haar vormlose welpies tot lewe lek en dat bere, wat hulle sekslewe betref, 'n voorbeeld vir goeie gedrag sou wees vir skaamtelose mense. (1) Beer Ursus, de beer, is een gevaarlijk dier, angstaanjagend en woest. Gevild lijkt een beer sprekend op een mens. Zijn kracht schuilt in zijn voorpoten en in zijn lenden, zijn kop is zwak en kwetsbaar. Pasgeboren berewelpen zijn nauwelijks groter dan een muis en zien eruit als vormeloze klompjes vlees (de enige herkenbare lichaamsdelen zijn de klauwen), maar na de geboorte worden de jongen in vorm gelikt door de moeder. Beren paren op dezelfde manier als mensen, schrijft Plinius. Solinus voegt daraan toe dat de mannetjes hun vrouwtjes met rust laten als ze drachtig zijn. Het komt ook zeer zelden voor dat iemand getuige is van de geboorte van berejongen. Er zijn mannen en vrouwen zonder enig schaamtegevoel, die wel een voorbeeld mogen nemen aan deze dieren! Als beren geen hol hebben, maken ze een leger op een afgelegen, onopvallende plaats in het woud. De vrouwtjes zijn sterker dan de mannetjes, net als bij de luipaard. Beren eten vruchten, knollen en vlees. In Scandinavië komen bovendien witte beren voor die waken in het ijs maken, de zee in duiken en vis vangen. In andere boeken lees ik dat beren kreeften en mieren eten als ze ziek zijn. Ze hebben weinig bloed, behalve in hun hart. Hun adem is schadelijk en giftig. Beren jagen op herten, everzwijnen en wilde stieren. Stieren vangen ze door zich erop te storten en zich aan de rug vast te klampen. Dan grijpen ze de horens om het dier tegen de grond te werpen en ze bijten het dood voordat het zich weer kan oprichten... (DNB, Burger 2002:23-24.) Thomas (1983:61) omskryf die interpretasieproses onderliggend aan die "vertaling" van die letterlike betekenislaag na die morele toe as een waarin die mens gangbare kategorieë en waardes van 'n bepaalde samelewing op die natuur projekteer en dan "teruglees" as synde 'n kritiek op of versterking van 'n bepaalde waardeoordeel, morele voorskrif of geloofsopvatting, hetsy meer of minder natuurlik, soos geïllustreer in die beerinskrywing hier bo. Wat as natuurlik (en normaal), onnatuurlik/buitenatuurlik (abnormaal/ongewoon) of as bonatuurlik ('n wonderwerk) beskou is, is deur meerdere faktore bepaal. Die eerste was die Ketting van Bestaan waarvolgens die hele skepping hiërargies in deels oorvleuelende kategorieë georden is en elke kategorie in terme van essensiële kenmerke gedefinieer is (sien Lovejoy 1936; Lakoff &Turner 1989 en Swanepoel 2004). Soos Thomas (1983:30 e.v.) aandui, is die kategorieë MENS en DIER baie duidelik uiteengehou in die Middeleeue en die talle morele lesse in 'n bestiarium soos DNB was juis daarop gemik om die dierlike in die mens in bedwang te hou en om die fragiele grens tussen die twee kategorieë in stand te hou. Oortredings van kategoriegrense is as abnormaal en onnatuurlik beskou. Die buitenatuurlike is in die tweede plek gedefinieer deur afwykings van wat as die prototipiese lid van 'n kategorie beskou is. Die Pliniaanse rasse is 'n bekende voorbeeld van fi sieke afwykings van wat as die morfologie van die normale mens beskou is (sien byvoorbeeld Mason 1991, 2009 en Wittkower 1942). Die tweede vorm van abnormaliteit was wesens wat 'n versnit van twee kategorieë (MENS + DIER) was. Ná Van Maerlant dus in DNB die lewensverloop van die "normale" mens geskets het, gaan hy oor na die bespreking van die "abnormale" monsterrasse (wat benewens morfologiese afwykings van die prototipiese mens ook versnydings van die DIER- en MENS-kategorieë verteenwoordig).8 Ten opsigte van die kategorie van monstermense is die sentrale vraag of hulle voldoen aan wat as twee essensiële kenmerke van die mens gesien is/word, naamlik die besit van rede en van 'n siel: (2) Wonderbaarlijke volkeren Dit deel behandelt de wonderbaarlijke volkeren van deze wereld. Nu zult u zich afvragen of al deze mensen van onze voorvader Adam afstammen. Het antwoord hierop luidt nee, tenzij Adelinus gelijk heeft als hij schrijft dat centauren geboren worden uit de paring van mensen met dieren. De geleerden brengen hiertegen in dat dit meer dan eens mag zijn voorgekomen, maar dat zulke monsters niet lang in leven kunnen blijven. In het Leven van de Heilige Paulus, de eerste kluizenaar, vertelt de Heilige Hieronymus hoe de Heilige Antonius een wonderwezen ontmoette toen hij Paulus bezocht in de woestenij. Het was een man met geitehoeven en met twee horens als van een bok op zijn voorhoofd. Hij sprak: 'Ik ben een sterfelijk wezen en als afgezant van mijn volk verzoek ik u of u tot God wilt bidden voor ons die in deze wildernis wonen, want wij weten dat Hij is gekomen tot heil en verlossing van de mensen.' De Heilige Hieronymus lijkt met deze schone woorden te zeggen dat dit wezen net als de mens met rede begiftigd was. Toch wil ik allerminst beweren dat een ras van wezens die zo sterk op dieren lijken, van Adam af zou kunnen stammen: al lijkt hun lichaam voor een deel op dat van een mens, het is mijn vaste overtuiging dat zij geen onsterfelijke ziel hebben ontvangen. Het zal ook niemand verbazen dat wezens die zo veel met de mens gemeen hebben, enigszins beschikken over verstandelijke vermogens; gezien de toevallige uiterlijke gelijkenis komen ze misschien ook inwendig gedeeltelijk met mensen overeen. (DNB, Burger 2002:12-13.) Alhoewel die Pliniaanse rasse ook as "monsterwesens" gesien is (sien Mason 1991, 2009; Wittkower 1942), is dit geen verrassing dat daar in DNB na hulle as "wonderwezens" verwys word nie, want die kategorie van wonder (die bonatuurlike wat deur God bewerkstellig is) is juis ook dit wat buite die natuurlike orde of gewone gang van sake val. Soos al deur verskeie navorsers aangetoon (vgl. byvoorbeeld Bynum 1997; Kleine 2007; Parks & Daston 1981; Wittkower 1942) was die Middeleeue 'n era van die wonder. Vandaar dan ook dat wonder/wonderlik 'n woord is wat tot oorvloedens toe in DNB voorkom, ook as dit gaan om die kategorie monsters. 'n Goeie voorbeeld is "Xiphias, die alle andere wonderbaarlijke monsters overtreft" en het menselijk voorstellingsvermogen verre te boven gaat. Het monster is zo groot dat iedereen het zou aanzien voor een speling der natuur als hij het zag. In geen enkel opzicht lijkt het op viervoetige dieren, vogels, vissen of op andere monsters. De xiphias is groter dan alle andere levende wezens, zodat men God, Die alles geschapen heeft, er wel met recht voor mag loven. Zijn kop is wonderbaarlijk groot, zijn bek een afgrond als de muil van de hel, zijn ogen branden als het hellevuur en ook de rest van zijn lichaam is zo vervaarlijk dat iedereen kan zeggen dat hij nog nooit in zijn leven zo 'n monster zag. (DNB, Burger 2002:91.) In bostaande word sulke afwykings nie as net "speling der natuur" gesien nie, maar as wesens wat deur God geskape is en van sy grootheid getuig. Opvallend hier is die verwysing na die monster se brandende oë en sy enorme bek - in die Middeleeue 'n algemene siening van die hel, as die duiwel wat die siele van sondaars verorber (sien Beal 2002).9 Die wonderlike het egter ook in ander vorme as kategorieoorskrydings voorgekom. Hiervan was ongewone natuurverskynsels, oorskrydings van menslike sig (visioene) en wonderbaarlike genesings tipiese vorme.10 Dus is nie net die opposisie MENS-DIER in die bestiarium gebruik om die kategorie MENS te definieer in die Middeleeue nie (sien Thomas 1983:40), maar ook enige oorskrydings van die kategorie PROTOTIPIESE MENS of 'n versnit van die MENS-DIERkategorieë. Die fokus op die wonder, wonderlike of wonderbaarlike, daareenteen, het naas verwondering (en komplekse emosies en nuuskierigheid) ook die vraag na die waarheid van die wonderlike na vore geroep. Bewysvoering vir die waarheid van die wonderlike wat in die Middeleeuse bestiarium beskryf is, is 'n saak wat gevolglik reeds as topos in die proloog aan die orde gestel word. Die status van die outeurs en hulle tekste, of net die tekste self waarop die samestellers van die bestiaria gesteun het, was een van die venaamste vorme van bewysvoering vir die geldigheid of waarheid van die beskrewe wonderlikhede (bewysvoering op basis van auctoritas). 'n Tweede algemene topos van die proloog was dat die samesteller hom as mindere voorgehou het in die aangesig van die meerdere kennis van die outeurs van sy/haar bronne (sien Egmond & Mason 2000: 319, voetnoot 33). 4. DIE (ON)NATUURLIKE, (AB)NORMALE EN DIE WONDERLIKE IN VISBOECK In ooreenstemming met DNB, begin VB met 'n proloog waarin Coenen allerlei wonderwekkende dinge ten tonele voer in 'n poging om sy teikenleser se geloof in hulle waarheid en bestaan te gebruik om te argumenteer vir die waarheid en bestaan van al die wonderlikhede wat hy oor die seelewe (en nog vele meer) in VB opgeneem het. Van die nou al bekende Pliniaanse monsterrasse (sien die bespreking hierbo) merk hy byvoorbeeld die volgende op: "Men vint veel wonderlijcke monsteren die in Indien zijn. Alsoe ons veel lant bereijsers bescrijvende sijn. Aldus verwondert u dan niet soo zeere datter vremde monsteren ende visschen zijn inder zee ende meeren" (VB, f.9v). Naas hierdie monsters voer hy ook nog die volgende verwonderenswaardige dinge ten tonele: diere uit die Nuwe Wêreld, watervalle en vuurspuwende berge ("Daer sijn bergen die altijt brandende sijn. Dit dunckt onse Hollanders wonder sijn" (VB, f.10)); dus juis dit wat vir die gewone Hollander "vreemd" maar tog waar is omdat die meeste van hierdie wonders geneem is uit die destyds algemeen bekende Cosmographia van Sebastiaan Münster; gevolglik kry die waarheid van sy data verdere ondersteuning vanuit die status van die outeur en 'n bekende teks. Soos hy tereg meld (VB, f.10), is daar op land soveel diere wat as wonderlik beskou word, maar hoeveel te meer van hierdie wonders moet hulle nie in die see bevind nie, al is dit baie moeiliker om die see te ondersoek. Coenen prioritiseer egter empiriese waarneming as die vernaamste bewys vir die waarheid/ bestaan van dit wat hy beskryf; slegs waar hy iets nie self waargeneem het nie, dokumenteer hy sorgvuldig wie die outeur is of wie pa staan vir die waarheid van 'n verhaal. In VB (f.13) meld hy dat hy daarin menige gewone maar ook baie vreemde visse opgeneem het sodat lesers moontlik sou kon dink dat dit alles leuens en fabels is. Hy gee sy lesers egter die versekering dat indien hy self nie hierdie vreemde dinge gesien het nie "sette ic mijn autoers ende ander scrijvers die mede van deser materie ghescreven hebbe". Ook maak hy sy doel duidelik met die opneem van die bekende en onbekende, wonderlike en monsteragtige in sy proloog bekend, naamlik om te bewys "mijn guede leser datter veel wonderlijcke dinghen inder zee zijn hem zij gheloeft den scepper van dien Godt Almachtich inder euwicheit gepresen Amen" (VB, f.13). In die praktyk pas hy byvoorbeeld hierdie uitgangspunt toe in sy besluit oor die bestaan al dan nie van die "vreemde dinghen ofte geesten of selsame goede duivelen die onse visgers noemt hoesgen (of hoesgen Nicker)" (VB, f.169). Alhoewel die inwoners van Scheveningen allerlei verhale oor hierdie geeste te vertelle het, maak hy dit af as oumanspraatjies omdat hy self nog nie hierdie geeste gesien het nie ("Ende al dit was van seggen van oude luijden maer noijt en conde ic gewete die of die es dan geboert Ten es bij mijnen tijden bij warheijt niet gesciet" (VB, f.169)). Coenen gaan egter verder en verdoem hierdie bygelowigheid as synde 'n oorblyfsel van Katolieke teologie: Aldusdanige wanghelovicheijt is veel als men wel meer bevint. Int paeusdom gesciet alser soe crancken gelove van dat heijlige evangelje geweest es doer de ongeleerde geestelijckheijt die om haer giericheijt dat paeus gebot met zijn leringhe te veel gheloef gegeven hebben. Met siet nu dusdanighe boeselinghe ende alffgedrochte niet ghescien Godt danck ende lof gepresen Amen. (VB, f.169.) Nogtans is Coenen bereid om as 'n omvattender epistemologiese uitgangspunt die standpunt te aanvaar dat elke landdier - die mens ingesluit - sy eweknie in die see het omdat hy daagliks met hierdie ooreenkomste tussen land-, lug- en seewesens te make gekry het : Maer datter vremde selsamen visschen ende monsteren in de zee zijn die gelijckenisse als menschen ende ander gedierten opt lant gelijckenisse hebben dat vinden wij dagelicx waerachtich. (VB, f. 287.) Alhoewel Coenen die Latynse name van verskeie spesies geken het, en 'n gerespekteerde kenner van mariene spesies was, volg hy ook die topoi om te meld dat hy geen Latinis is nie en in sommige gevalle dat hy die interpretasie van sekere verskynsels liewers aan die geleerdes oorlaat. Later meld hy onomwonde dat VB die produk is van sy "simpel verstant" (VB, f1v). By Coenen is dit egter 'n kardinale vraag of die mens, hy in die besonder, die natuur as God se skepping enigsins kan deurgrond (=interpreteer) - 'n kernvraag wat aan die orde gestel word in die Bybelboek Job (sien Beal 2002). Al reaksie wat die mens op die wonderlike werke van God en sy voorsienigheid kan hê, is om Hom te loof en te prys: Hier wort verhaelt wt den bijbel wt dat boock Job indat 38 capittel bescreven daer Godt selfs verhaelt van zijn wonderlijke wercken die zeer groot sijn ende oick niet op te gronderen en sijn. Want sij sijn onbegrijpelijck Aldus als wij van sijn wonderlijcke wercken hooren ofte sien niet beters dan hem daer af te loven prijsen ende eer te bieden Ende hem vreesen met een kinderlijcke vrindelijcke vrese want hij almachtich ende goet es Want wij fier als wij wel willen in mercken dat alle firmamenten des hemels alle ghewas der aerden alle beesten inder velden wilt en tamme alle voogelen des luchts alle vische inde wateren dit alle tot onsen menschen behoefticheid ons gegeven heeft Aldus hier omme ic dit boock vergadert vanden vischen omdat wij Godt almachtich van alle zijn mindelijcke gaven tot allen tijdens als wij sijn wondern sien ende van sijn smakelijcke visschen smaken hem dar altijt mogen loven prijsen nu ende tot allen tijden dits mijn begeeren Amen. Aldus es mijn begeren Niet te gronderen Maer Goedt altijt te eeren Ende zijn glorij te vermeeren. Oor die werklike betekenis van die see-/chaosmonster Leviatan in Job het Coenen hom in die besonder vanweë die meerduidigheid van hierdie monster (sien Beal 2002) nie uitgelaat nie, maar uitsprake hieroor oorgelaat aan die geleerdes: aldus na mijn simpel verstant ende vermaen laet ic die geleerde daer mede begaen die daer ghenoech sullen an vinden eer zij sullen comen tot een parfeckt inden (VB, f.239.) Naas die bekende outeurs waarop hy hom beroep (sien Egmond 2005), steun hy ook op die status van ander ampsdraers om in te staan vir die waarheid van ander wonderlikhede. Een hiervan is 'n tonyn wat gevind is met 'n hele seetoneel met skepe daarop geteken "geattesteerd door mr Johan Frutuoso notaris te Gibraltar op 13 mei 1565" (VB, f.41 ). Naas uitsonderlike seewesens, soos die eerste poelomp (seekat) wat hy gesien het, buitengewone natuurgebeurtenisse, soos die stranding van walvisse en die verskyning van komete, is die grootste kategorie van die abnormale, maar soms ook wonderlike, die kategorie monsters wat in VB voorkom. Hierdie groot kategorie het 'n tipiese familieooreenkomsstruktuur waarin elke monster sommige, maar nie al die kenmerke nie, van die klas as geheel besit.11 Miskien is die kenmerke wat in 'n onbekende pamflet aan die man van die eerste Inuïetvrou wat in Europa gesien is, toegedig word, tekenend van die algemene konsepsie (kenmerke) van die mens-monsters wat in VB geskets word. Hy word naamlik beskryf as 'n man wat twaalf voet lank was (= 'n reus) wat twaalf mense in twaalf dae doodgemaak het om hulle te eet (= menslike vyand, kannibalisties), as synde seksueel promisku omdat hulle vroue getatoeëer was sodat hulle mans hulle tussen die ander kon uitken, en dat hulle heidene was (sien Egmond & Mason 2000:312). Baie van hierdie kenmerke word ook toegeskryf aan die vegters van Kalikoet (vreemde drag en eetgewoontes, seksuele promiskuïteit, duiwelsaanbidding, ens.; VB, f.408r). Ewe monsteragtig, synde die duiwel geïnkarneer, is die god van Kalikoet wat op sy troon sit (met 'n pouslike hoed) en siele verorber (VB, f.236r-237r).12 Die sterk fokus op die grootte van die monsters, hulle groot bekke en vlammende oë herinner sterk aan die beskrywing van Xiphias in DNB hierbo. Die grootte, groot kop, vlammende oë, groot bek en hermafroditisme is ook kenmerkend van die monster wat die dorpie Santos in Brasilië bedreig het, en tog deur die "ridder" en die dorpelinge verdryf word (sien Illustrasie 1). Ander bekende monsters wat in VB voorkom is die meerminne en meermanne (kategorievermenging van MENS en VIS), verskeie drake, met as hul eweknie, verskeie seeslange wat almal die mens vyandig gesind is en hom konstant bedreig (sien Illustrasie 2 ). Ook die oerchaosmonster van die Bybel, naamlik Leviatan, word ten tonele gevoer binne die konteks van Job 38. Coenen gee egter geen illustrasie van hierdie monster nie, want volgens sy bronne is Leviatan "zijn werck een gheestelijck bedriven. Niet een zeevische off een wereltsche draecke. Aldus waer zijn fyguere van mijn qualijck te maken" (VB, f. 238v.). Nogtans waag Coenen binne die konteks van Job 40 en 41 om Leviatan te sien as 'n zee duvel overmits zijn grote craft ende stercheijt als die scriftuer seijt die hem Godt almachtich toelaet. Men bevint dat die groote vischen als walvischen ende hillen ende groote potshoofden ende meer ander groote vischen die ic in dit boock sommighe ghescreven hebbe seer groote crachte hebben. (VB, f. 239.) Op basis van sy grootte en krag vergelyk Coenen Leviatan ten slotte ook met die ander groot visse in VB: walvisse, hille en potshoofde, wat hy per geleentheid ook as "monsters" tipeer. Hermafrodiete, liggaamlik gestremdes en ander wesens met liggaamlike afwykings van die prototipiese menskategorie word ook ten tonele gevoer, maar soos uitsonderlike natuurgebeure, is ook hulle gesien as "waarskuwinge" van God aan die mens (VB, f.77r).14 Coenen was maar al te bewus van die feit dat mens se sig jou kan bedrieg ('n sterk tema in die sestiende eeu; sien Clark 2007) en dat die wonder like, abnormale en buitengewone, daardie dinge waarna hy so begerig was, ook werke van die duiwel kon wees. Oor die watergeeste meld hy byvoorbeeld (VB, f.287) dat hulle slegs in die nag verskyn het; dus moes hulle kwade geeste gewees het wat die lig van God haat: "Dese zeeduijvels voorscreven quamen altijt inden avont ende bij nacht. Aldus moetent quade geesten wesen die dat licht haten Godt Almachtig is dat ewiche licht laeten wij dat beminnen ende zijn waerheijt ons door Jesum Christum"(VB, f. 287). Soos die Spanjaarde wat die Nederlande beset het, het hierdie monsters deel uitgemaak van 'n landskap van vrees (sien Tuan 1979), maar, soos die Middeleeuer, het Coenen - op grond van die feit dat daar so baie monsters in die Bybel voorgekom het - hulle gesien as deel van God se Skepping, as manifestasie van sy mag. God het Hom aan Coenen in verskeie ander dinge en gebeure openbaar, soos in die transformasie van 'n ruspe in 'n vlinder, die wyse waarop Hy alles met 'n doel gemaak het, selfs die oënskynlik nuttelose kwal, maar bowenal in die wyse waarop Hy in die behoeftes van mens en dier voorsien het. Kortom: vir Coenen het daar agter die skans van die materialiteit van die wêreld om hom, altyd 'n goddelike lig deurgeskyn, ook deur al die kategorieë van die onnatuurlike en die abnormale. 5. TEN SLOTTE: OOR 'N BETOWERDE EN 'N ONTTOWERDE WÊRELD In sy boek Before disenchantment gee Peter Mason (sien Mason 2009) 'n omvattende beeld van die (re)presentasie van (bestaande en niebestaande) eksotiese diere, mense en plante in verskeie wêrelddele in die Vroegmoderne periode en van die "awe, wonder and enchantment" waarmee die Vroegmoderne mens die kosmos beleef het (Mason 2009:222). Maar verwondering is nie al emosie wat die natuur by die Vroegmoderne mens opgewek het nie. Angs was die ander een, en dan 'n angs wat mens op onvoorspelbare oomblikke in die konfrontasie met die natuur kon oorval. Die Kanadese fi losoof Charles Taylor (2009) noem dat die Vroegmoderne wêreld 'n "betoverde" een was, 'n wêreld met "'magische' elementen - van praktijken die uitgaan van het bestaan van geesten in de kosmos, goede en slechte, en van hogere machten die aan dingen verbonden zijn (bijvoorbeeld aan relikwieën"). Tydens die Reformasie en die Teenreformasie is daar juis gepoog om hierdie magiese elemente, waaronder die mis, te onderdruk. Ten spyte van die vertroostende gedagte dat God in beheer van die heelal is, kon mens egter nie maklik uit so 'n wêreld ontsnap deur eenvoudig die betekenis van hierdie magiese elemente as oortuigings af te sweer nie. Daarvoor was daar tussen mens en natuur/kosmos net 'n té poreuse grens wat die geeste (as onsigbare wesens, of beliggaamde kragte, of in die vorm van die talle monsters wat die aarde bewandel het) kon deurbreek en 'n wat invloed kon hê op die psigiese en fisiese lewe van de mens. Die Vroegmoderne mens het volgens Taylor (2009) in hierdie opsig 'n veel geringer onderskeid tussen liggaam en gees, of tussen mens en die "buitemenslike" getref. 'n Groter graad van animasie/ agentskap is aan buitemenslike dinge toegeskryf. Die resultaat was dikwels 'n wêreld waarin die poreuse self in volkome angs vasgevang is omdat dit so kwesbaar was vir hierdie buitemenslike kragte. Al moes die onnatuurlike, die abnormale, die bo- en buitenatuurlike dien om die kategorie MENS te definieer, het hierdie onderskeidinge op sigself egter nie noodwendig daarin geslaag om die self te pantser nie. Taylor (2009) meen wel dat die moderne mens - sy dit met die kontrasstelling van dieselfde (on)natuurlike kategorieë - daarin geslaag het om 'n skerper grens tussen gees en wêreld, tussen gees en liggaam te tref om ons sodoende teen - die dikwels vyandige - buitewêreld te verskans. Soos hy dit stel, het ons 'n "'omsloten' zelf", 'n "begrensd zelf" (Taylor 2009) ontwikkel. Wat het die moderne mens in hierdie proses met die wêreld buite hom gemaak? Volgens die groot mite van die Wetenskaplike Rewolusie (om terug te keer na Daston 1998) het ons die natuur gaan "onttower" deur onder meer die ontologiese kategorieë van die onnatuurlike van die Middeleeue en die Vroegmoderne periode uit die natuur weg te definieer. Die onttowering word dikwels ook geskets as 'n proses waarin religie buite die hele interaksie tussen mens en natuur gestel word. Maar volgens Taylor (2009) het die onttowering egter nie die menslike behoefte aan 'n betowerde wêreld weggeneem nie. Sommige vul dit aan met vorme van religiositeit; ander, soos Asma (2009) dit skets, met 'n fantasiewêreld bevolk met monsters, soos in die alom- en immer gewilde monsterfilms of videospeletjies, waarop ons van buite af en gepantser met 'n omslote self kan inloer.15 Soos die Middeleeuers van Van Maerlant en die mense van Coenen se Vroegmoderne periode skep die mens van vandag ook sy komplekse web van semantiese natuurkategorieë, want daarsonder kan ons geen begrip vorm van wat die kategorie MENS uiteindelik beteken nie. In die woorde van Vandenbroeck (1987): enige representasie van die ANDER (die onnatuurlike, die abnormale) word uiteindelik 'n ingewikkelde "vertoog" oor wat normaal en natuurlik aan die moderne SELF is. BIBLIOGRAFIE Alpers, S. 1983. The art of describing. Dutch art in the seventeenth century. London: Penguin Books. [ Links ] Ashworth, W. 1990. Natural history and the emblematic world view. In Kindberg, D. & Westmann, R. (eds) Reappraisals of the Scientific Revolution. Cambridge: Cambridge University Press, pp. 303-332. [ Links ] Asma, S. 2009. Monsters. An unnatural history of our worst fears. Oxford: Oxford University Press. [ Links ] Atkin, A. 2010. Peirce's theory of signs. Stanford Encyclopedia of Philosophy. http://plato.stanford.edu/entries/peirce-semiotics [15 Julie 2011]. [ Links ] Bal, M. 1990. De-disciplining the eye. Critical Inquiry, 16:506-531. [ Links ] Bates, A. 2005. Emblematic monsters: Unnatural conceptions and deformed births in Early Modern Europe. Amsterdam, New York: Rodopi. [ Links ] Beal, T. 2002. Religion and its monsters. New York/London: Routledge. [ Links ] Bynum, C. 1997. Wonder. The American Historical Review, 102(1):1-26. [ Links ] Chandler, J., Davidson, A.I. & Harootunian, H. (eds) 1994. Questions of evidence. Proof, practice and persuasion across the disciplines. Chicago/London: The University of Chicago Press. [ Links ] Clark, S. 2009. Vanities of the eye. Vision in Early Modern European culture. Oxford: Oxford University Press. [ Links ] Coenen, A. 1581 Een Visboeck. Ongepubliseerde ms., Koninklijke Bibliotheek, Den Haag, nr. 78 E 54 (1577-1579). Transkripsie: Florike Egmond. [ Links ] Coenen, A. 2003. Het Walvisboek. Walvissen en andere zeewezens beschreven door Adriaen Coenen in 1585. Redactie en inleiding Florike Egmond en Peter Mason met commentaar door Kees Lankester. Zutphen: Walburg Pers. [ Links ] Cohen, J. 1994. The limits of knowing: Monsters and the regulation of Medieval popular culture. Medieval Folklore, 3:1-37. [ Links ] Crang, M. 1998. Cultural geography. London, New York: Routledge. [ Links ] Cronin, G. 1941. The bestiary and the medieval mind: some complexities. Modern Language Quarterly, 11:191-198. [ Links ] Daston, L. 1994. Marvelous facts and miraculous evidence in Early Modern Europe. In Chandler, D, Davidson, A.I. & Harootunian, H. (eds) Questions of evidence. Proof, practice and persuasion across the disciplines. Chicago/London: The University of Chicago Press, pp. 243-281. [ Links ] Daston, L. 1998. The nature of nature in Early Modern Europe. Configurations, 6(2):149-172. [ Links ] Daston, L. & Parks, K. 1998. Wonders and the order of nature 1150-1750. Cambridge, Massachusetts: The MIT Press. [ Links ] De Grazia, M. 2007. The Modern divide: from either side. Journal of Medieval and Early Modern Studies, 37(3):453-467. [ Links ] Demeterio, F. 2001. Introduction to hermeneutics. The idea of hermeneutics. Department of Philosophy and Human Resource Development, San Beda College, Mendiola, Manila, Philippines. http://www.curraghlabs.org/teaching/j08/zombies/docs/demeterio-intro.pdf [ 14Julie 2011]. [ Links ] Egmond, F. 1997. Een bekende Scheveninger. Adriaen Coenen en zijn Visboeck van 1578. Den Haag: Centrum voor Familiegeschiedenis van Scheveningen. [ Links ] Egmond, F. 2005. Het Visboek. De wereld volgens Adriaen Coenen 1514-1587. Zutphen: Walburg Pers. [ Links ] Egmond, F., Jorink, E. & Vermij R. (reds.) 1999. Kometen, monsters en muilezels. Het veranderende natuurbeeld en de natuurwetenschap in de zeventiende eeuw. Haarlem: Arcadia. [ Links ] Egmond, F. & Mason, P. 1992. De walvis en de poelomp. De kosmologie van een zestiende-eeuwse strandvonder. Volkskundig Bulletin, 18:170-223. [ Links ] Egmond, F. & Mason, P. 1996. Skeletons on show. Learned entertainment and popular knowledge. History Workshop, 41:92-116. [ Links ] Egmond, F. & Mason, P. 1997. The mammoth and the mouse. Microhistory and morphology. Baltimore, Maryland: The Johns Hopkins University Press. [ Links ] Egmond, F. & Mason, P. 2000. "These are people who eat raw fish": Contours of the etnographic imagination in the Sixteenth century. Viator, Medieval and Renaissance Studies, 31:311-360. [ Links ] Foucault, M. 1969. The archaeology of knowledge.Translated by A.M. Sheridan Smith. London & New York: Routledge. [ Links ] Freedberg, D. 1982. The hidden God: Image and interdiction in the Netherlands in the Sixteenth Century. Art History, 5(2):133-153. [ Links ] Gilmore, D. 2002. Monsters, evil beings, mythical beasts, and all manner of imaginary terrors. Philadelphia: University of Pennsylvania Press. [ Links ] Ginsburg, C. 1980. The cheese and the worms. The cosmos of a sixteenth-century miller. London. Translated by John and Anne Tadeschi. [ Links ] Gravestock, P. 1999. Did imaginary animals exist? In: Hassig (ed.) 1990. Mark of the beast. The Medieval bestiary in art, life, and miniature. New York: Garland, pp.119-141. [ Links ] Hassig, D. (ed.) 1999. Mark of the beast. The Medieval bestiary in art, life, and miniature. New York: Garland. [ Links ] Joseph, R. 1998. Anthropology and the Middle Ages. Semiotica, 63(1-2):205-220. [ Links ] Keltner, D. & Haidt, J. 2003. Approaching awe, a moral, spiritual, and aesthetic emotion. Cognition and Emotion, 17(2):297-314. [ Links ] Kleine, U. 2007. Wunder im Mittelalter: Christliche Weltdeutung und Glaubenspraxis. Paper read at the "Studientag Wunder, Wunderzählungen, Wunderglaube". Erbacher Hof, Mainz, 03.02.2007. [ Links ] Kövecses, Z. 2006. Language, mind, and culture: A practical introduction. Oxford: Oxford University Press. [ Links ] Kress, G. & Van Leeuwen, T. 2006. Reading images. The grammar of visual design. London, New York: Routledge. [ Links ] Lakoff, G. 1987. Women, fire, and dangerous things. What categories reveal about the mind. Chicago, London: The University of Chicago Press. [ Links ] Lakoff, G. & Turner, M. 1989. More than cool reason: A field guide to poetic metaphor. Chicago: Chicago University Press. [ Links ] Legrand, L. 1982. Issues in the Roman Catholic approach to Bible hermeneutics today. Indian Journal of Theology, 31(3-4):192-202. http://www.biblicalstudies.org.uk/pdf/ijt/31-3-4_192.pdf [15 September 2011]. [ Links ] Lovejoy, A. 1936. The Great Chain of Being: A study of the history of an idea. Cambridge, Massachusetts: Harvard University Press. [ Links ] Magnússon, S. 2003. "The singularization of history": Social history and microhistory within the postmodern state of knowledge. Journal of Social History, 36(3):701-735. [ Links ] Mason, P. 1991. Half a cow. Semiotica, 85(1/2):1-39. [ Links ] Mason, P. 2009. Before disenchantment. Images of exotic animals and plants in the early modern world. London: Reaktion Books. [ Links ] Nischik, T-M. 1986. Das Volkssprachliche Naturbuch im späten Mittelalter: Sachkunde und Dinginterpretation bei Jacob van Maerlant und Konrad von Megenberg. Tübingen: M. Niemeyer. (Series: Hermaea, n.F., Bd. 48.) [ Links ] O'Toole, M. 2011. The language of displayed art. London, New York: Routledge. (Second edition.) [ Links ] Parks, K. & Daston, L. 1981. The study of monsters in sixteenth- and seventeenth-century France and England. Past & Present, 92:20-54. [ Links ] Razovsky, H. 1996. Popular hermeneutics: Monstrous children in English Renaissance broadside ballads. Early Modern Literary Studies, 2(3):1-34. [ Links ] Schneider, S.1999. Monsters as (uncanny) metaphors. Freud, Lakoff, and the representation of monstrosity in cinematic horror. Other Voices, 1:3. www.othervoices.org/1.3/sschneider/monsters.html [15 Oktober 2009]. [ Links ] Shiota, M. & Keltner, D. 2007. The nature of awe: Elicitors, appraisals, and effects on selfconcept. Cognition and Emotion, 21(5):944-963. [ Links ] Spolsky, E. 2009. Literacy after Iconoclasm in the English Reformation. Journal of Medieval and Early Modern Studies, 39(2):305-330. [ Links ] Swanepoel, P. H. 2004. Wonderbaarlike volke en monsterdiere in Der naturen bloeme van Jacob van Maerlant en die kognitiewe verankering van denkbeeldige kategorieë in die Middeleeuse lewens- en wêreldbeskouing. Tydskrif vir Nederlands & Afrikaans, 11(2):162-181. [ Links ] Swanepoel, P. 2008. "Ic hebt gescreven ende ghemaect na mijn simpel verstant' - seleksie- en ordeningsbeginsels in Adriaen Coenen se sestiende-eeuse visensiklopedie Visboeck. Tydskrif vir Nederlands & Afrikaans, 15(1):59-83. [ Links ] Taylor, C. 2009. Het poreuse zelf. Trouw, 16 Mei 2009, pp.76-77. [ Links ] Thomas, K. 1983. Man and the natural world. Changing attitudes in England 1500-1800. London: Allan Lane. [ Links ] Tuan, Y-F. 1974. Topophilia. A study of environmental perception, attitudes and values. Englewood Cliffs, Prentice-Hall. [ Links ] Tuan, Y-F. 1979. Landscapes of fear. Oxford: Basil Blackwell. [ Links ] Vandenbroeck, P. 1987. Beeld van de Andere, vertoog over het Zelf. Over wilden en narren, boeren en bedelaars. Ministerie van de Vlaamse Gemeenschap, Koninklijk Museum voor Schone Kunsten, Antwerpen. [ Links ] Van Oostrom, F. 1996. Maerlants wereld. Amsterdam: Prometheus. [ Links ] Veenstra, J. 1995. Voortekenen in de Middeleeuwen: Interpretatie en kritiek. Groniek Historisch Tijdschrift, 1995:139-151. [ Links ] Verner, L. 2005. The epistemology of the monstrous in the Middle Ages. New York, London: Routledge. [ Links ] Verwijs. E. (red.). 1878. Jacob van Maerlant, Naturen bloeme. Groningen: J.B. Wolters. [ Links ] Von Christoph, G. 1988. Gab es im Mittelalter Fabelwesen? Wirkendes Wort, 38:156-171. [ Links ] White, L. 1947. Natural science and naturalistic art in the Middle Ages. The American Historical Review, 52(3):421-435. [ Links ] Williams, D. 1996. Deformed discourse. The function of the monster in medieval thought and literature. Montreal: McGill University. [ Links ] Wittkower, R. 1942. Marvels of the East: a study in the history of monsters. In: Wittkower, R. 1977. Allegory and the migration of symbols. Boulder, Colorado: Westview Press, pp. 45-74. [ Links ] PIET SWANEPOEL het studeer aan die (destydse)Potchefstroomse Universiteit vir CHO waar hy diegrade BA, BA Honneurs (Afrikaans-Nederlands), Honneurs (Algemene Taalwetenskap) en MA(Afrikaans-Nederlands) behaal het. Na 'n studieverblyf van 'n jaar aan die Universiteit van Utrechtbehaal hy die graad DLitt aan die Universiteit vanStellenbosch onder die promotorskap van prof. F.Ponelis met 'n proefskrif oor die Afrikaansesintaksis. Hy het van 1975-1978 Afrikaanse taalkunde en algemene taalwetenskap gedoseer aandie PU vir CHO en is sedert 1980 dosent aan die Universiteit van Suid-Afrika in die DepartementAfrikaans en Algemene Literatuurwetenskap, waarhy Afrikaanse taalkunde en teksontwerp doseer. Vir die periode 1994-2004 was hy departementele voorsitter. Sy navorsing fokus op temas op diegebied van die sintaksis, kognitiewe semantiek,leksikografie en teksontwerp - temas waaroor hyal uitgebreid in Afrikaans en Engels gepubliseer het in geakkrediteerde plaaslike en internasionaletydskrifte en boekpublikasies. Hy is outeur van Definisies in vakkommunikasie (RGN) en mederedakteur (saam met Hans Hoeken van dieRadboud-Universiteit in Nijmegen, Nederland) vandie onlangs verskene boekpublikasie Adaptinghealth communication to cultural needs: Optimizing documents in South African health communication on HIV/AIDS (Benjamins). Hierdie publikasie is 'n uitvloeisel van 'n SANPAD-projekwaarvan hy die navorsingskoördineerder was, watgehandel het oor die effektiwiteit van die ontwerp van ondersteunende materiaal vir MIV/Vigsvoorligtingsveldtogte in Suid-Afrika. PIET SWANEPOEL studied at the former Potchefstroom University for Christian Higher Education(now North-West University) where he obtained the degrees BA, BA Honours (Afrikaans-Dutch), Honours (Linguistics) and MA (Afrikaans-Dutch). After a year of study at the University of Utrechthe obtained his DLitt from the University ofStellenbosch with Prof. F. Ponelis as his promoter. He taught Afrikaans Linguistics and Linguistics at Potchefstroom University for CHE during 19751978. Since 1980 he has been a lecturer in the Department of Afrikaans and Theory of Literature at the University of South Africa where he teaches Afrikaans Linguistics and Document Design.During 1994-2004 he was the Chairman of theDepartment. His research focuses on themes withinthe disciplines of Syntax, Cognitive Semantics,Lexicography and Document Design - themes onwhich he has published numerous articles and bookcontributions in Afrikaans and English. He isauthor of Definisies in vakkommunikasie ( Definitions in subject communication; HSRC ) and co-editor with Hans Hoeken of the Radboud University in Nijmegen, of the recently published Adapting health communication to cultural needs:Optimizing documents in South African healthcommunication on HIV/AIDS (Benjamins). This publication is the outcome of a SANPAD project, of which he was the coordinator, on the effi cacy of the design of text materials used in South African HIV and AIDS campaign materials. 1 Daston (1998) gaan uitgebreid in op hoe die natuurlike, buitenatuurlike en bonatuurlike in die Vroegmoderne periode gekonseptualiseer is. Soos hier betoog word, is dit egter konseptualisering van die "geleerdes" van die tyd. 2 Vir kritiek op die makrohistoriese benadering, sien byvoorbeeld Egmond & Mason (1997), Ginsburg (1980) en Magnússon( 2003). De Grazia (2007) lewer onder meer kritiek op die periodisering waarop daar in die makrohistoriese benadering gesteun word. 3 Volgens oorlewering wek die pelikaan sy kleintjies weer tot lewe met sy eie bloed (sien Burger 2002:78). 4 Oor die emblematiese benadering in die natuurbeskrywing van Gesner sien Ashworth (1990). 5 'n Uitsondering hierop is byvoorbeeld Nischik (1986) se vergelyking tussen Jacob van Maerlant se Der naturen bloeme (die eerste bestiarium in Nederlands) en Konrad van Megenberg se Das Buch der Natur (1349) (die eerste bestiarium in Duits), wat beide verwerkings is van Thomas van Cantimpré se De natura rerum. 6 Oor die ontstaan, inhoud, struktuur en bronne van Der naturen bloeme sien die uitgebreide bespreking van Swanepoel (2004), Van Oostrom (1996) en Verwijs (1878). In hierdie artikel word ter wille van 'n beter begrip van die oorspronklike Middelnederlandse teks aangehaal uit die moderne Nederlandse vertaling van Peter Burger (2002). 7 Legrand (1982) noem die vier betekenislae waarvolgens die Skrif gelees kan word: die letterlike (wat het gebeur), die allegoriese (wat mens moet glo), die morele (wat jy moet doen) en die anagogiese (dit waarnatoe ons neig). 8 Oor die vraag na die geloof in die werklike bestaan van hierdie wonderwesens/monsterrasse, sien Gravestock (1999) en Von Christoph (1988). 9 Vir 'n uitgebreide bespreking van die funksies van die monster in die Middeleeue en Vroegmoderne periode, sien ook Bates (2005), Cohen (1994), Gillmore (2002), Verner (2005) en Williams (1996). 10 Sien Keltner & Haidt (2003) en Shiota & Keltner (2007) se ontleding van die verwondering as 'n morele, geestelike en estetiese emosie wat ontlok word deur bedreiging, skoonheid, uitsonderlike vermoëns en die bonatuurlike; sien ook Kleine (2007) wat die struktuur van die "wonderbaarlike genesing" in die Middeleeue as 'n uitgebreide skema in besonderhede bespreek. 11 Sien in hierdie verband ook Asma (2009) se bespreking van die kategorie MONSTER as 'n prototipiese kategorie. 12 Sien Egmond & Mason (2002:326, vn.63) oor die gebruik tydens die Hervorming om die pous met duiwelse attribute te representeer. 13 Die plasing van Illustrasie 1 en Illustrasie 2 uit Adriaen Coenen se Visboeck geskied met die toestemming van die Koninklijke Biblioteek, Den Haag. 14 Sien in hierdie verband Razovsky (1996) oor hoe die populêre hermeneutiek in die sestiende eeu ingespan is om in balladeformaat 'n uitleg van die betekenis van misvormde geboortes te gee. 15 Oor die gebruik van monsters as metafore, sien Asma (2009), Gillmore (2002) en Schneider (1999).
http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512011000400015&lng=en&nrm=iso
Meem Die term meem (Engels: meme), geskep in 1976 deur die dierkundige en ewolusionêre wetenskaplike Richard Dawkins, verwysend na 'n eenheid van kulturele informasie wat oordraagbaar is van een persoon na 'n ander. 'n Meem word ook van geslag tot geslag oorgedra. Dawkins voer aan dat "deuntjies, populêre sêgoed, gelowe, klere modes, maniere van potte maak of die bou van boë" almal voorbeelde van meme kan wees. 'n Meem plant homself voort as 'n eenheid van kulturele ewolusie en diffusie – soortgelyk in baie opsigte aan die optrede van die geen (die eenheid vir genetiese informasie). Meestal versprei meme as geïntegreerde kooperatiewe stelle of groepe waarna verwys word as meemplekse of meemkomplekse. Die idee van die meem opsigself is 'n suksesvolle meem in eie reg en het in die populêre kultuur bekend geraak, iets wat selde gebeur met wetenskaplike teorie. Voorstanders van meme beweer dat dit deur middel van natuurlike seleksie ontwikkel – op 'n manier soortgelyk soos deur Charles Darwin voorgestel. Dit op die premis dat variasie, mutasie, kompetisie en oorerwing die "voortplanting" sukses beïnvloed. Byvoorbeeld terwyl een idee uitsterf sal ander oorleef, versprei en muteer - vir goed of sleg - deur modifikasie. Geskiedenis en inleiding[wysig] Die term meem is aan die breër publiek buite die wetenskap bekendgestel deur Richard Dawkins in sy boek The Selfish Gene, 1976, waarmee hy die eenheid van kulturele ewolusie wil aandui, analoog aan die geen by die biologiese ewolusie. Volgens Dawkins tree meme op die langeduur byna op soos wat organismes in terme van ewolusie sou optree. Daniel Dennett het in 1985 met Douglas R. Hofstadter in 'n gesamentlike boek, The Mind's I, die begrip meem gebruik as die "egoïstiese meem". Deur Dennett se Consciousness explained van 1991, verkry die begrip 'n meem status in die wetenskap. Werking[wysig] Organismes ondergaan gedurende generasies steeds klein veranderinge (mutasies) en pas hulself by die omgewing aan. Hulle sterf uit as hulle dit nie kan volhou nie. So gaan meme van die een brein na 'n ander oor en gedurende dié tyd, ondergaan die meme veranderinge. Die meme sterf uit, of kom in 'n koma-agtige staat terug, as dit 'uit die mode' raak. Meme het ook 'n ooreenkoms met sagteware wat oorgaan van die een rekenaar of netwerk na 'n andere, hetsy as 'n rekenaarvirus (ongewens), of die opdatering van 'n bedryfsisteem (gewens). Daar bestaan reeds rekenaarsagteware wat hulself aanpas volgens rekenaars, en sagteware waarmee dit in aanraking kom, bv. semi- of voloutomatiese opdatering. Meme kan aspekte bevat van idees, tale, melodieë, ontwerpe, morele en estetiese waardes, vaardighede en al die ander begrippe wat normalerwyse aangeleer word en deurgegee word aan andere. Voorbeelde[wysig] - Godsdiens. 'n Goeie voorbeeld van kragtige meme is die wêreld se godsdienste. Godsdienste is 'n samestelling van 'n aantal verbandhoudende meme wat van die een generasie aan die andere deurgegee word terwyl klein veranderinge steeds plaasvind. Meer omvangryke mutasies vind plaas tydens 'n hervorming. 'n "Suksesvolle" meem pas hom self voortdurend en gemaklik aan, by die veranderende tye en omstandighede. Sommige individue sien die sekularisasie van bepaalde rigtinge in die Christelike godsdiens as 'n teken van 'n suksesvolle meem. 'n Verstokte en stagnante godsdiens sal volgens dié meemteorie versplinter in ‘n "suksesvol" gesekulariseerde deel en (tallose) klein afsplitsings. - Taal. - Mode en ander giere. - Ideologieë soos die kapitalisme, kommunisme en fascisme. Kapitalisme kan tans as 'n suksesvolle meem beskryf word, terwyl die kommunisme 'n agteruitgaande meem is en die fascisme meem byna uitgesterf het. Die sukses van 'n meem sou 'n mens kon meet aan die aantal informasieverwerkende en -draende eenhede wat daarmee "besmet" raak. Herlewing van meme[wysig] Meme kan, nadat dit lyk asof dit uitgesterf het, weer te voorskyn kom, indien belangstelling in die meem weer opvlam. Boeke en ander geskrifte, webwerwe, of ander informasiedraende eenhede, bv. grotskilderye of ander argeologiese vondse waarin hierdie meme bewaar bly, is dan 'n soort sluimerende "saad", 'n koma-agtige staat, wat wag op gunstige omstandighede om te "ontkiem", oftewel weer te (her-)ontwaak. Ter illustrasie dien die voorchristelike godsdienste van Europa, soos druïdisme en sjamanisme, wat in duisend jaar prakties verdwyn het as gevolg van die onderdrukking deur die kerk. Onder invloed van die sekularisme soek sommiges 'n ander vervulling vir hul religieuse behoefte en ontdek opnuut die geloof van hul voorouers, sodat daar nou weer Europese druïde, sjamane en selfs hekse is. 'n Ander meem wat skynbaar uitgestorwe was, is Hebreeus. Meer as tweeduisend jaar was dit nie 'n lewende taal nie en word slegs as seremoniële taal by die joodse erediens gebruik. Onder invloed van die sionisme het Hebreeus weer 'n lewende meem/taal geword as die amptelike taal van Israel. Die invoer van die Hebreeus in ongeveer 1895 was bewustelik gedoen en het gelei tot die stigting van die staat Israel op 15 Mei 1948. Theodor Herzl het in 1896 met sy boek Der Judenstaat die basis gelê deur sy ideaal en geloof vir die stigting van 'n Joodse staat uit te spel.
http://af.wikipedia.org/wiki/Meem
Die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius het glo sy vriendin van die afgelope jaar na bewering in sy huis in Silver Lakes, Pretoria, doodgeskiet, berig Beeld. Volgens die koerant het Pistorius glo gedink sy is ‘n inbreker. Die voorval het omstreeks 04:00 plaasgevind. Kapt. Sarah Mcira van die polisie het bevestig Pistorius se vriendin is in die arm en die kop geskiet. Sy is op die toneel dood.
http://huisgenoot.com/fokus/oscar-pistorius-skiet-vriendin-dood/
MissBond has chosen to temporarily hide her profile. Create your FREE profile & start dating today! Featured Profiles I am vibrant,ambitious and sassy. Love having fun and laughs with people. I enjoy exploring new places and trying new things.I love living and would like to do it with Mr Right! Ek het n borrelende geaardheid, wat gepaard gaan met n spontane liefde vir die lewe en die wereld. Ek kan ook ernstig wees en duld nie oneerlikheid, luiheid en... BECAUSE I AM A FREINDLY PERSON AND FUN TO BE AROUND AND I GO OUT ALOT AT CINEMAS AND ETC Ek hou van bak en brou en hou van lekker net rustig. Te kuier. Om n braaivleis. Vuurtjie saam met vriende en te kamp en die buite lewe by die see te stap
http://love2meet.news24.com/s/d/2991062/a/17348
Vlerkprofiel 'n Vlerkprofiel is die vorm van 'n vlerk of die lem van 'n skroef (soos die van 'n skip of vliegtuig) in deursnit beskou. Dit word aangewend om stukrag of drukkrag te verleen. Afhangende van die toepassing daarvan het vlerkprofiele vir subsoniese vlug 'n kenmerklike vorm met 'n geronde opstroomkant en skerp afstroomkant wat dikwels ook 'n welwing (ronding) insluit. Buiten die vlerke van 'n vliegtuig, het die horisontale en vertikale stabiliseerders van 'n vliegtuig ook 'n vlerkprofiel. Vlerkprofiele word ook in motorboot- en vliegtuigskroewe, Waaierlemme, kompressors en turbines aangetref. Seile vorm ook 'n vlerkprofiel en die onderwater vinne van seilbote werk op dieselfde beginsel as vlerkprofiele. Selfs in die natuur word vlerkprofiele aangetref by voëls se vlerke (waar die inspirasie waarskynlik vandaan gekom het). 'n Omgekeerde vlerkprofiel veroorsaak afwaartse druk op 'n motorvoertuig of ander voertuie wat sy klouvermoë op die pad verbeter. Die term stukrag verwys na die krag wat ontstaan as gevolg van die beweging van 'n vlerkprofiel in enige medium. 'n Dun voorwerp met 'n positiewe invalshoek soos 'n plat plaat of die loopvlak van 'n brug sal stukrag veroorsaak. Vlerkprofiele is egter meer doeltreffend en veroorsaak stukrag met die minste moontlike sleurkrag. 'n Stukrag teenoor sleurkragkurwe soos hier regs vertoon kan opgestel word deur toetse in 'n windtonnel te doen. Die ontwerp van vlerkprofiele is 'n belangrike aspek van aërodinamika. Verskeie vlerkprofiele word in verskillende vlugtoestande aangewend. 'n Superkritiese vlerkprofiel met sy kleiner welwing, verminder supersoniese sleurversteurings, terwyl 'n simmetriese vlerkprofiel meer geskik is vir dikwelse onderstebo vlugtoestande (soos met akrobatiese vliegkuns). Supersoniese vlerkprofiele het 'n baie meer hoekige vorm en het dikwels 'n baie skerp opstroomkant. Vlerkprofiele met skerper opstroomrondings veroorsaak stewiger en ligter vlerke. 'n Groter ronding aan die voorkant verskaf egter meer volume vir die stoor van brandstof. Bewegende dele word in baie vliegtuie se vlerke ingebou (bv. flappe) om 'n dinamiese vlerkprofiel daar te stel deur die vorm te verander om by die vlugsnelheid aan te pas. Verskeie stelsels is al ontwikkel om verskillende vlerkprofiele te beskryf en te karakteriseer — waarvan die mees gebruikte die NACA stelsel is. Voor hierdie stelsel is verskeie ad-hoc stelsels gebruik. 'n Voorbeeld van 'n algemene doel vlerkprofiel wat wye toepassing in die lugvaartbedryf vind is die ouer Clark-Y-stelsel.
https://af.wikipedia.org/wiki/Vlerkprofiel
Die Nasionale Padagentskap (SANRAL) het motoriste verseker dat die hoogste bedrag wat maandeliks aan tolgeld gehef sal word - mits hulle met 'n gewone motor ry - R550 gaan beloop. Dis goeie nuus, sê Berry Everitt, besturende direkteur van die Chas Everitt International Property Group, aangesien die meeste pendelaars in Gauteng, selfs met 'n e-kaartjie, andersinds meer sou moes betaal. As die beperking nie gegeld het nie, sou dit teen 30c per kilometer byvoorbeeld minstens R720 per maand kos om daagliks tussen Pretoria en Johannesburg vir werk te pendel. "Maar selfs R550 per maand - of R6600 per jaar - is 'n stewige som geld as die gemiddelde huishoudelike begroting in aanmerking geneem word. Daar is onlangs berig dat mense elke maand kos op krediet koop en dis geen wonder nie aangesien 'n Suid-Afrikaanse gesin wat R18 000 per maand verdien na beraming bykans R13 000 aan behuising (verband of huur) en afbetaling van skuld bestee. "Dit laat net R5000 per maand vir kos, vervoer, water en krag, skoolgeld en ander noodsaaklikhede oor en die koste van dié items styg baie vinniger as die amptelike inflasiekoers. Die prys van basiese voedsels, soos melk, brood en mieliemeel het volgens Food Price Monitor die afgelope jaar met tot soveel as 56% gestyg; die petrolprys (in Gauteng het sedert Januarie vanaf R10,43 per liter tot R11,97 'n liter toegeneem, en Eskom het die prys van elektrisiteit in Julie met 16% verhoog." Met ander woorde, sê hy, R550 per maand kan 'n groot verskil aan die meeste mense se maandelikse begrotings maak. "Ons stel voor dat veral mense met jong gesinne nie net goedsmoeds moet aanvaar dat hulle maar vir tolgeld sal moet opdok nie, en eerder dadelik moet begin om planne te maak om voortaan openbare vervoer te gebruik. "En as hul woonbuurt nie openbare vervoer bied nie, raai ons hulle aan om dadelik na 'n voorstad waar dit wel beskikbaar is, te verhuis - selfs al is die huurgeld of verbandbetaling effens hoër." Die rede is, sê Everitt, dat verbruikers wat na skole en winkels kan stap en openbare vervoer kan benut om by die werk te kom meer as die R550 maandelikse tolgeld kan bespaar. Hulle sal ook bespaar op die loopkoste van 'n motor (insluitende petrol, diens, versekering en bande) wat volgens die AA nou sowat R2,41c per kilometer vir 'n beskeie 1600cc sedan beloop. "Sulke besparings kan met vrug aangewend word om skuld wat hoë rente dra, soos krediet- en winkelkaarte, af te betaal en dan vir 'n deposito op 'n huis te spaar, of om elke maand 'n bykomende bedrag in 'n bestaande verbandrekening te betaal en so duisende rande in rente te bespaar."
http://gautengproperty.blogspot.com/2012/11/beter-waarde-vir-r550-per-maand.html
This project is designed to collect Research Information, Discussions, Queries etc on the Botha family of South Africa. Please also come and join us on our Botha Facebook Page. Please follow the guidelines when creating or merging profiles refer to project: http://www.geni.com/projects/South-Africa-Profile-Guidelines/16231 Core profiles Please note that the descendants of SV/PROG 2 can be identified by their genealogical number example: SV2b3c2d7e6. Descendants of SV/PROG can be identified by having no SV in their genealogical number example b1c8d5e7f4 Overview of Family History / Progenitor Details Please scroll down for English translation Afrikaanse Vertaling Friedrich Botha Friedrich Botha / Friedrich Both is gebore op 4 Maart 1653 in Wangenheim, omtrent 8 kilometers (5 myl) noord-wes van Gotha (50.57° Breedtegraad, 10.41° Lengtegraad), in die Provinsie van Thuringia in die graafskap van Saxe-Coburg-Gotha Voor 1652 Die betekenis van BOTH(A). Die naam Both is afgelei van die Friesiese naam "Botho" (of Bote) wat leier of bevelgewer beteken. Die "a" wat volg beteken ook seun van. Die volle van beteken dan ook dat Botha die seun is van Both, die leier of bevelgewer. Friedrich Both is op 4 Maart 1653 in Wangenheim in die Provinsie van Thuringia in Duitsland gebore. Hy sluit aan by die VOK en arriveer aan die Kaap as soldaat in 1678. In 1683, vyf jaar na sy aankoms, verkry hy burgerregte en beoefen sy oorspronklike beroep uit as 'n landbouer by verskillende boere as 'n bywoner, of soos hy dit gestel het, sy "gedoente" was toe "landbouer bij den een en den ander geweest te sijn". Vanaf 1686 is hy 'n bywoner by Jan Cornelisz waar hy " voor een vierde part met hem te zaaijen en te bouwen". Hierdie is dus die oudste voorbeeld van die Franse "métairie" stelsel wat in Suid-Afrika toegepas is. Hierdie métairie-stelsel is afkomstig van die leen- of pagstelsel wat waarskynlik deur die Romeine in Galilië ingevoer is (Colonus partiarius). Métayer uit medietatarium, van medietate, helfte, beteken oorspronklik: Hy wat om die helfte boer; dan setbaas op 'n plaas, klein boer, wat ons amper in Afrikaans kan vertaal met bywoner; métairie, die plaas self. Per JLM Franken - "Die Franse Vlugtelinge, Huisgenoot" 16 Julie 1926. Hy het die plaas Zandberg, wat later die naam Scholtzenhof gekry het, in 1689 uitgelê en dié het oorspronklik 64 morg beslaan. In 1694 is Zandberg van leningsplaas oorgedra op sy naam. Die plaas met sy strooidakhuis en sy wolfentgewels lê aan die regterkant op die pad tussen Stellenbosch en Somerset-Wes en die ligging word mooi aangetoon op die kaart van die kontrei. Daar word huidiglik wyn op die plaas produseer en die eienaar het ook 'n web werf en staan bekend as "Ken Forrester Vineyards". Die ou opstal is oorspronklik in 'n T-vorm gebou en die voorste mure is vandag nog omtrent 'n meter dik wat waarskynlik deur Botha self gebou is. Die huis het pragtige geelhoutplafonne met 'n brandsolder van klei van 'n voet dik bokant hulle. Later jare is die huis vergroot na 'n H-vorm en onlangs restoureer deur die argitek, G. Osler. In 1692 teken Botha sy van nog as Both, maar in 1699 teken hy as Botha. In die "opgaafrolle" kom die spelling Both, Boot en Botha voor. Aan die Kaap het dit soms voorgekom dat 'n persoon vernoem word na die plek vanwaar hy kom. So was Jan van Eeden eers Jan van Oldenburg, Nicolaas Janse van Rensburg was eers Nicolaas Jansz. Die feit dat Friedrich Both van Gotha kom, kon moontlik daartoe bygedra het dat Friedrich Both van Gotha verander het tot Friedrich Botha. Aan die begin van die 1700's was veeboerdery die algemene bedryf van die meeste boere. Die vader het gewoonlik op 'n besondere plaas geboer en soos sy seuns hubare ouderdom bereik het, het hy vir hulle 'n aantal vee gegee. Waar die vader op die plaas aangebly het kan hy dus as 'n "Veeboer" geklassifiseer word. Die seuns moes nou weiding vir hulle eie vee soek en het dan verder in die "onbekende" ingetrek. Hulle kan dus as "Trekboere" geklassifiseer word. Die rigting van die trek was gewoonlik waar daar genoegsame water en weiding was. Die resultaat was dus 'n trek in 'n oostelike rigting langs die kus van Suid Afrika. Die trekbeweging het tot 'n einde gekom toe die trekboere die inheemse bevolking van die Oos Kaap ontmoet het, die Xhosa. Die tydvak is nie vasgestel nie, maar 'n aanduiding van die trek is ongeveer: 1652-1700 Migrasie beperk tot die omgewing van Kaapstad; 1735 Bereik Mosselbaai; 1744 Bereik Gamtoosrivier 1700 tot 1706 Al sy kinders word in die Doopregisters aangegee as kinders van Jan Cornelisz en Maria Kickers. By die egskeiding word die volgende aangegee (per JLM Franken - "Die Franse Vlugtelinge, Huisgenoot" 16 Julie 1926, voetnota): Jan Cornelisz van Oudbeijerland in cas van divortie contra Maria Kickers: "den eijscher, doende eijsch bij monde alsoo de gedaagdese haar niet en schaamd hem eijr niet alleen met slaan en stooten ende verdere onbetaemelijckheeden gestadig te bejeegenen, maar oock bovendien haren echt met de persoon van frederick Boot in overspel te buitjen te gaan . . . . " "De gedaagdese antwoordende, segt en bekendt alle hare kinderen, staande huwelijk niet bij den eijr haren man (vermits desselvs onbequaamheijdt) maar bij een ander; te weeten den voorn. fred. Boot, te hebben geprocrëeert; en dat haren man haar daar toe selfs aanleijding soude hebben gegeeven." (Crim. en Civ. 1689-1701, 22 Jan. 1700, p. 77) Fred. Botha en Maria Kickers word vir oorspel, aanhouding en verberging van vee, geweld aan persoon van Claas Das, tien jaar verban na Mauritius. Hul moet "separatelijk" gebanne bly en word verder veroordeel tot 100 Rds. boete en restitusie van aangehoue goedere (Crim. en Civ. 1701-'08, 16 Nov. 1706. f.47). Die periode van verbanning mag dalk verskil aangesien daar ook die volgende aangegee word (per HCV Leibbrandt - "Precis of the Archives, Journal of VD Stel" 16 November 1706): The Court of Justice sentences a freeman and a woman in a criminal case to banishment to Mauritius for two years and fines each Rds. 100, the half for the Landdrost and the half for the Court. In 1706 het FB "aan't Moddergat" gebly saam met Maria Kickers wat toe by Matthys Greef op Stellenbosch gewerk het. Terwyl Maria Kickers getroud was met Jan Cornelisz het sy met beide Botha en Ferdinand Appel 'n verhouding gehad, gedurende die tydperk het sy sewe kinders by Botha gehad en een kind by Appel. Hy was getroud in Stellenbosch op 21 Junie 1717 met Maria KICKERS. Sy was 'n weesmeisie van Nederland en geskeie vrou van Jan Cornelisz. KINDERS: b1 Theunis gedoop 15 April 1686, X 15 Des 1710 Maria Magdalena Snyman b2 Willem gedoop 2 Nov 1687, X Kaapstad 14 Jul 1709 Catharina Pyl b3 Catharina gedoop 7 Mei 1690, X 31 Aug 1717 Hendrik Frederik Klopper b4 Jacobus gedoop 24 Aug 1692, X 22 Okt 1713 Elsie Snyman b5 Johannes gedoop 1 Mei 1695, X 18 Mei 1721 Anna van der Merwe b6 Maria gedoop 1 Mei 1695, X 13 Maart 1712 Coenraad Scheepers, XX 1 Jan 1730 Pieter Gerrit Bezuidenhout, XXX 3 Des 1741 Johan Jacob Breytenbach b7 Cornelia gedoop 6 Jan 1697, X 31 Maart 1720 Hans Jurgen Potgieter b8 Anna gedoop Stellenbosch 19 Maart 1702 Samuel Friedrich Botha/Bode Gebore in 1730 te Lüneburg in Duitsland. Die familie het in 1766 in Hanover gebly en Samuel het toe na Amsterdam gegaan om by die VOC aan te sluit. Hy kom aan by die Kaap in Maart 1767. Hy trou op 21 Januarie 1776 met Anna Elisabeth Delport. Sy was die wed van Johann Friedrich Stackman. -------------------------------- Verdere Inligting oor Jan Cornelisz en Maria Kickers Jan Cornelisz (Bombam) van Outbeijerland was getroud 11 Julie 1683 met Maria Kickers In die Stellenbosch doopregister word die volgende kinders gedoop: Cornelija gedoop 6 Januarie 1697 se vader word gegee as Jan Cornelis (Bombam). Maar die kinders was Botha se kind. In 1699 was daar 'n rusie tussen Maria en Bombam oor 'n erf wat bewerk moes word deur Bombam maar hy het nie baie gedoen nie. Sy skel hom uit: Jeij sult doen wat eck hebben wil, ieij zulkt voor mijn door een vuur gaan, en jeij zult mijn de voeten kussen als ek het heben wil" Bombam se reaksie was dat hy dit nie sal doen nie. Maria skel hom toe verder uit: Jeij zult nagt en dach voor mijn loopen als eck het hebben wil, want ick hou jou minder als een knegt, ja minder als een Hottentot, ja minder als een hont". Iemand anders het haar gehoor sê "dat hij [Oud-Beijerland] onbequaam was om een man voor haar te wesen, en dat haare kinderen di sijne niet en waaren, en dat zij hem minder agte als een slaaf, of als een hont" Biewenga, p. 268 Maria en Frederik Botha skei 22 Januarie 1700, sy maak melding by die hof: De gedaagdesse antwoordende, segt en bekendt all hare kinderen staande huwelijck, niet bij den eij[se]r haren man; (vermits desselvs onbequaamheijdt) maar bij een ander, te weeten den voorn[oemde] Frederick Boot, te hebben geprocrëeert [CJ 3, 22] 17 Nov 1706 was Maria Kickers en Fredrik Boot weer voor die hof omdat hulle by mekaar gewoon het. Hulle was vir 10 jaar na Mauritius verbanom daar apart te bly. Op daardie geleentheid het Maria Kickers beweer: Sij persisteerde bij haare gedane confessie en sustineerde dat se met beloften en trouw die se malkanderen onder vier oogen geswooren hebben, so wel alsof se met den anderen in huwelijk waren getreeden kunnen volstaan, en dat se dierhalven als man en vrouw eenige jaren met den anderen hebben geleefd, en vleeschelijk geconverseert hebbende tesamen in deese boelasie agt kinderen geprocreeert, Volgens Schoeman, p. 468 in 1706 is Botha en Maria Kickers skuldig bevind aan "oorspel, aanhouding en verberging van vee, [en] geweld aan persoon van Claas Das, en vir tien jaar 'separatelijk' na Mauritius verban. Hulle het seker terug gekom na die Kaap toe die VOC Mauritius prys gegee het. In 1713 het Jan Cornelisz van Outbeijerland gesterf (sonder om weer te trou) en toe kon Maria Kickers, weer trou: Stellenbosch registers, bladsy 9: 1714, 21 Junij Fredrik Bota van Wagenheim jongm' met Maria Kickers van Amsterdam Let wel Pama en De Villiers gee die trou jaar as 1717 maar dit is verkeerd, dit moet 1714 wees. Bron: Inligting verskaf deur Richard Ball op SA Genealogie A Biewenga, De Kaap de Goede Hoop Karel Schoeman, Armosyn van die Kaap English Translation Friedrich Botha Friedrich Botha / Friedrich Both was born on March 4, 1653 in Wangenheim, about 8 kilometres (5 miles) north-west of Gotha (50.57 ° latitude, 10.41 ° Longitude) in the Province of Thuringia in the county of Saxe-Coburg-Gotha The meaning of Both (a) before 1652. The name Both is derived from the Frisian name "Botho" (or boats) that means leader or “the one that gives orders”. The "a" following means son of. The full meaning thus: Botha is the son of Both, the leader or commander. Friedrich Botha was born on March 4, 1653 in Wangenheim in the province of Thuringia in Germany. He joined the RFQ and arrived at the Cape as a soldier in 1678. In 1683, five years after his arrival, he gained civil rights and practiced his original profession as a farmer at various farmers as a “bywoner”, or as he put it, his occupation was "farmer at den one and den other been sijn ". A “bywoner” was a civilian in that time that farmed on behalf of the owner of a farm. From 1686 he was a “bywoner” at Jan Cornelisz where he had a quarter of the farm to “build and sow”. This is the oldest example of the French "Metairie" system applied in South Africa. This Metairie system comes from borrowing or “pagstelsel” likely introduced by the Romans in Galilee (Colonus partiarius). Métayer from medietatarium comes medietate, meaning half, thus it originally means: He who farms around the half; the Head of the hands on a farm, a small-time farmer, and in the closest translation in Afrikaans is a “bywoner”; Metairie, the farm itself. By JLM Franken - “Die Franse Vlugtelinge, Huisgenoot “July 16, 1926. Friedrich was the one who originally laid out the farm Zandberg, which later became known as Scholtzenhof, in 1689 and occupied 64 acres. In 1694 Zandberg, Botha’s loan farm was transferred to his name. The farm with its thatch wood house and his “wolfentgeuwels” (architectural style) lay on the right side of the road between Stellenbosch and Somerset West and the location is nicely shown on the map of the area. There are currently wine farm produce and the owner also has a web site and is known as "Ken Forrester Vineyards". The old homestead was originally built in a T-shape, and the front walls are still about a meter thick, probably built by Botha. The house has beautiful yellow wood ceilings with a fire loft of clay, a foot thick, above them. In later years the house was enlarged to an H-shape and recently restored by the architect G. Osler. Botha still signed his name in 1692 as Both, but in 1699 he signed his name as Botha. In the "opgaafrolle" (archive material) the spelling Both, Boat and Botha appears. In those years at the Cape it would seem that a person was sometimes named after the place they originate from. So was Jan van Eeden first Jan Oldenburg, Nicolaas Janse van Rensburg was originally William Jansz. The fact that Friedrich Both came from Gotha, may have contributed to his name changing from Friedrich Both to Friedrich Botha. At the beginning of the 1700s, livestock was the general trade of most farmers. The father usually farmed on a particular farm and when his sons reached a marriageable age, he gave them some cattle. When the father stayed on the farm he was classified as a "Stock Farmer". The boys had to seek pasture for their cattle, and then moved further into the "unknown". They would be classified as "Trekboers" or nomad farmers. The direction these farmers went in was usually where there was plenty of water and pasture. The result was a movement in an easterly direction along the coast of South Africa. The “Trek”, as it was known, came to an end when these farmers met the indigenous people of the Eastern Cape, the Xhosa. The exact period has not been established, but an indication of the “trek” was about: 1652-1700 Migration restricted to the vicinity of Cape Town; 1735 coverage Mossel Bay; 1744 coverage Gamtoos 1700 to 1706 All Friedrich’s children are recorded in the “Doopregisters” (baptism records) as children of Jan Cornelisz and Mary Kickers. At the divorce, the following was listed (by JLM Franken - "Die Franse Hugenote, Huisgenoot" July 16, 1926, footnote): Jan Cornelisz van Oudbeijerland in cas van divortie contra Maria Kickers: "den eijscher, doende eijsch bij monde alsoo de gedaagdese haar niet en schaamd hem eijr niet alleen met slaan en stooten ende verdere onbetaemelijckheeden gestadig te bejeegenen, maar oock bovendien haren echt met de persoon van Frederick Boot in overspel te buitjen te gaan . . . . " "De gedaagdese antwoordende, segt en bekendt alle hare kinderen, staande huwelijk niet bij den eijr haren man (vermits desselvs onbequaamheijdt) maar bij een Ander; te weeten den voorn. Friedrich Boot, te hebben geprocrëeert; en dat haren man haar daar toe selfs aanleijding soude hebben gegeeven." (Crim. en Civ. 1689-1701, 22 Jan. 1700, p. 77) Frederich Botha and Maria Kickers where detained for adultery, concealment of cattle, violence to a person Claas Das and eventually exiled to Mauritius for ten years. They were ordered to stay apart ("separatelijk") and is further sentenced to 100 Rds. fine and restitution of detained goods (Crim. and CIV. 1701 - '08, 16 Nov. 1706. f.47). The period of exile may be different as stipulated by the following: The Court of Justice sentences a freeman and a woman in a criminal case to banishment to Mauritius for two years and fined each Rds. 100, the half for the Landdrost and the half for the Court. In 1706 Fredrich Botha “aan’t Moddergat" stayed with Mary Kickers while she was working for Matthys Greef in Stellenbosch. While Maria Kickers was married to Jan Cornelisz she had an affair with both Botha and Ferdinand Appel. She had seven children with Botha and one child with Appel. (HCV Leibbrandt - "Precis of the Archives, Journal of VD Set" 16 November 1706) Friedrich was married on June 21, 1714 in Stellenbosch to Maria Kickers. She was a girl from the Netherlands and a divorced wife of Jan Cornelisz. Children: b1 Theunis baptized 15 April 1686, X 15 Dec 1710 Mary Magdalena Snyman b2 William baptized 2 Nov 1687, X Cape Town 14 Jul 1709 Catherine Arrow b3 Catharina baptized May 7, 1690, X 31 Aug 1717 Hendrik Jacobus Frederick Klopper b4 baptized 24 Aug 1692 X 22 Oct 1713 Elsie Snyman b5 John baptized May 1, 1695, X May 18, 1721 Anna van der Merwe b6 Mary baptized May 1, 1695, X March 13, 1712 Coenraad Scheepers, XX 1 Jan 1730 Pieter Gerrit Bezuidenhout, XXX 3 Dec 1741 John Jacob Breytenbach b7 Cornelia baptized 6 Jan 1697, X baptized March 31, 1720 Hans Jurgen Potgieter b8 Anna Stellenbosch 19 March 1702 Samuel Friedrich Botha / Bode Born in 1730 in Lüneburg in Germany. The family lived in Hanover in 1766. Samuel went to Amsterdam to join the VOC. He came to the Cape in March 1767. On January 21, 1776 he married Anna Elisabeth Delport. She was the widow of Johann Friedrich Stackman. -------------------------------- Further Information on Jan Cornelisz and Maria Kickers Jan Cornelisz (Bombam) of Outbeijerland was married July 11, 1683 to Maria Kickers. In the Stellenbosch Baptism Register Cornelija’s (baptized January 6, 1697) father is given as John Cornelis (Bombam), but the children were Botha's children. In 1699 there was an argument between Mary and Bombam a property that had to be worked by Bombam but he has not done much. She scolded him: “Jeij sult doen wat eck hebben wil, ieij zulkt voor mijn door een vuur gaan, en jeij zult mijn de voeten kussen als ek het heben wil" Bombam’s response was that he would not do it. Mary scolding him further: “Jeij zult nagt en dach voor mijn loopen als eck het hebben wil, want ick hou jou minder als een knegt, ja minder als een Hottentot, ja minder als een hont". Someone else heard her say: "that he [Old Beijerland] onbequaam was one man to her creature and haare children ie sijne not and waaren and that it him less agte like a slave, or a Hont" (Biewenga , p. 268) Mary and Jan Cornelisz divorced January 22, 1700, and she mentioned to the court: "De gedaagdesse antwoordende, segt en bekendt all hare kinderen staande huwelijck, niet bij den eij[se]r haren man; (vermits desselvs onbequaamheijdt) maar bij een ander, te weeten den voorn[oemde] Frederick Boot, te hebben geprocrëeert" [CJ 3, 22] 17 Nov 1706 Mary Kickers and Fredrich Botha was back in court because they lived together. They were banned to spend 10 years separately in Mauritius. On that occasion, Maria Kickers claimed: "Sij persisteerde bij haare gedane confessie en sustineerde dat se met beloften en trouw die se malkanderen onder vier oogen geswooren hebben, so wel alsof se met den anderen in huwelijk waren getreeden kunnen volstaan, en dat se dierhalven als man en vrouw eenige jaren met den anderen hebben geleefd, en vleeschelijk geconverseert hebbende tesamen in deese boelasie agt kinderen geprocreeert," According to Karel Schoeman (author) in 1706, Botha and Maria Kickers were convicted of "adultery, harbour and concealment of cattle. Added to their conviction was violence to the person of Claas Das and sentenced for ten years separately exiled to Mauritius. They most probably came back to the Cape when the VOC gave up Mauritius. In 1713, Jan Cornelisz from Outbeijerland died without remarrying and Maria Kickers was allowed to remarry: In the Stellenbosch registers, page 9: 1714, 21 Junij Fredrik Bota Wagenheim jongm Maria Kickers Amsterdam Please note that the authors Pama and De Villiers records the wedding year 1717 but it is wrong, it should be 1714. Source: Information provided by Richard Ball- SA Genealogy, A. Biewenga-The Cape of Good Hope, Karel Schoeman-Armosyn van die Kaap. Queries & Discussion To participate in this project - Firstly use the 'Actions' drop down menu at the top right of the screen and Join the Project. If this option is not available to you then contact a collaborator and ask to be added to the project. - Next open the edit tab on the project page and add your Query or Finding to the list below. Project Help: How to add Text to a Project - Starter Kit - Also start a Discussion on the profile in question, and, if you can, link that discussion to the entry you have added below. - Yell to any of the Collaborators on this project, or to any of the Curators listed on WELKOM CUZZINS if you get stuck - We want to help you get this right. Resources - Joe Botha email@example.com - Bothablad http://home.mweb.co.za/el/elijo/afr/indexa.html - Inligting verskaf deur Richard Ball op SA Genealogie A Biewenga, De Kaap de Goede Hoop Karel Schoeman, Armosyn van die Kaap Facebook Page If you are a Botha or you know a Botha please "Like" this page on Facebook
http://www.geni.com/projects/Familie-Familie-Botha-of-South-Africa/12377
Print version ISSN 0041-4751 Tydskr. geesteswet. vol.50 no.4 Pretoria Dec. 2010 NAVORSINGS- EN OORSIGARTIKELS RESEARCH AND REVIEW ARTICLES 'N Voorlopige ondersoek na die stand van onderwys in geselekteerde skole in die Wes-Kaap na 1994 A preliminary investigation into the state of education after 1994 in selected schools in the Western Cape Michael Le Cordeur Departement Kurrikulumstudies (Afrikaans), Universiteit van Stellenbosch, Stellenbosch firstname.lastname@example.org Trefwoorde: mensekapitaal-ontwikkelingstrategie, onderwysfokusse, onderwys omstandighede, onderwys-omgewing, gehalte-onderwys, uitkomsgebaseerde onderwys, disfunksionele skole ABSTRACT Since South Africa became a democracy in 1994, the country has been subjected to deep-rooted socio-political and socio-economic change which inevitably has left its mark on the education system. Because there were just too many inequalities and injustices it made sense that the education system had to change. There are concerns, however, that the new education system does not deliver the expected results. The current pool of human capital in the Western Cape does not demonstrate the knowledge and skills required for the province to implement its socio-economic development programme(s). Subsequently the human capital development strategy was launched to address certain challenges in the province, such as the high unemployment rate among youth and the lack of skills to take advantage of work and entrepreneurial opportunities. The strategy has a threefold aim namely to improve the following key strands: the conditions of education, the environment of education and the quality of education, each with its own education foci. In this paper the current state of post-apartheid education in South Africa with special reference to the Western Cape is investigated by measuring it against the human capital development strategy. By using a literature review the following education foci are examined: school management and governance; basic functionality, school infrastructure and provision of educators; transformation; a positive school climate; the role of teacher unions; parental involvement; school safety, security and health; a relevant curriculum; quality of teaching and teacher development; and learner performance. This is done in order to determine what progress, if any, has been made since 1994 to develop a pool of human capital in the province that will be able to face the challenges of the new democracy. During the second phase of this study each focus was investigated by means of a questionnaire administered at sixty selected primary and secondary schools in the Western Cape. Principals at these schools were asked to complete the questionnaires because "[q]uestionnaires are a good way of collecting certain types of information quickly and relatively cheaply as long as subjects are sufficiently disciplined" (Bell 1998:76). During the design of the questionnaire it was decided to make use of closed questions because the structure imposed on the respondents' answers provides the researcher with information which is of uniform length and in a form that lends itself nicely to being qualifi ed and compared (Denscombe 1998:101). It was not practical to have the questionnaire completed by all the schools in the Western Cape. Therefore it was decided to take the option of a representative sample "because the researcher has some notion of the probability that these will be a representative cross-section of the whole" (Denscombe 1998:34). The researcher ensured that the sample was representative of all schools in the Western Cape with regards to race, previous departments, language and income. It must be taken into consideration that most schools in the Western Cape cater for the poor and middle class Afrikaans speaking Coloured1 population. Participating schools came from poor, middle class and wealthy schools. With regards to the former education departments the sample was representative of former Model C-schools, (white), Council of Representatives (coloured) and the Department of Education and Training (black). As far as Language of Learning and Teaching (LoLT) is concerned, both Afrikaans and English schools as well as double medium schools were included in the survey. The responses from the principals were compared with the data obtained from the literature review. From the results it is clear that although the education department has made significant progress with three key aspects of education, i.e. the conditions of education, the environment of education and the quality of education in the province, there is still some work to be done before the youth in this province, especially in black schools, will be in a position to take up their rightful place in a democratic society. Key words: human capital development strategy, national education foci, conditions, environment and quality of education, dysfunctional schools, outcomes-based education 'n Voorspoedige, werklik verenigde, demokratiese en internasionaal mededingende land met geletterde, kreatiewe en kritiese burgers wat produktief en vervuld leef in 'n omgewing vry van geweld, diskrimi nasie en vooroordeel. - Visie vir Suid-Afrika, Departement van Onderwys 1997 OPSOMMING Sedert Suid-Afrika in 1994 'n demokratiese bestel gekry het, het die land diepgaande sosiopolitieke en sosio-ekonomiese verandering ondergaan, wat die onderwys nie onaangeraak kon laat nie. Daar was te veel ongelykhede en ongeregtighede. Veranderinge was dus nodig. Kommer bestaan egter dat die onderwysstelsel nie die verlangde resultate lewer nie. Die huidige poel van mensekapitaal in die Wes-Kaap beskik nie oor die kennis en vaardighede wat die provinsie in staat stel om sy sosio-ekonomiese ontwikkelingsprogram(me) te begin nie. Die mensekapitaalontwikkelingstrategie is derhalwe geloods om sekere uitdagings die hoof te bied, soos die hoë werkloosheidsyfer onder die jeug en die gebrek aan vaardighede om bestaande werks- en entrepreneursgeleenthede te benut. Die strategie omsluit drie kernaspekte van die onderwys: onderwysomstandighede, onderwysomgewing en gehalte-onderwys, elk met verskillende fokusse. In hierdie artikel word die stand van post-apartheid-onderwys in Suid-Afrika en spesifi ek die Wes-Kaap aan die hand van die mensekapitaal-ontwikkelingstrategie ondersoek. Deur die onderwysfokusse met behulp van 'n literatuuroorsig te verken, wil die ondersoeker vasstel watter vordering die onderwysstelsel gemaak het om 'n poel van mensekapitaal te ontwikkel wat teen die uitdagings van 'n nuwe demokrasie opgewasse sal wees. Daarna word elk van die fokusse met behulp van 'n vraelys in uitgesoekte skole getoets. Die response van die skoolhoofde word met die inligting uit die literatuuroorsig vergelyk. Die resultate dui daarop dat alhoewel die provinsiale onderwysdepartement goeie vordering met drie kernaspekte van die onderwys naamlik onderwysomstandighede, onderwysomgewing en gehalte-onderwys gemaak het, daar nog baie werk voorlê voordat die jeug, veral in swart skole, hul regmatige plek in 'n demokratiese Suid-Afrika kan inneem. 1. INLEIDING Sedert Suid-Afrika in 1994 'n demokratiese bestel gekry het, is daar met groot verwagting uitgesien na 'n nuwe onderwysstelsel en hoe dit sal reageer op die uitdagings wat deur apartheid nagelaat is. Maar die hoop het beskaam: "One of the biggest challenges in post-1994 South Africa is the state of the education and training system" (Ramphele 2008:171). Jansen (2008) is dit met haar eens dat die meeste skole in Suid-Afrika disfunksioneel is en dat die onderwysstelsel in 'n krisis sal bly solank die politieke kultuur in skole nie verander nie. Dit word nou algemeen aanvaar dat Suid-Afrikaanse onderwys in 'n krisis is (Smit & Hennessy 2007:9) en bykans elke sektor van die Suid-Afrikaanse samelewing eis 'n ingryping in die onderwys (Ramrathan 2010:107). Die algemene konsensus is dat die meerderheid leerders in Suid-Afrika weinig baat vind daarby dat die grootste gedeelte van die land se begroting aan onderwys bestee word.2 Bloch (2009:58) som dit soos volg op: The vast majority of our schools are simply not producing the outcomes that are their chief objective. Worse still is that our schools are reinforcing the social and economic marginalization of the poor and the vulnerable. In sy reaksie skryf die aartsbiskop van die Anglikaanse kerk, Njongonkulu Ndungane (2009) soos volg: "[I]f we do not get our education system right, our problems of illiteracy and joblessness will continue to snowball". Hy sê ook dat apartheid nie langer geblameer kan word nie omdat die land reeds 16 jaar 'n demokratiese bestel het. Uit die voorafgaande kan afgelei word dat iets daadwerkliks gedoen moet word om Suid-Afrika se mensekapitaal te ontwikkel. In hierdie artikel word die stand van onderwys in die Wes-Kaap ondersoek. Die vertrekpunt is 1994, toe Suid-Afrika 'n demokratiese bestel gekry het. Deur die onderwysstelsel aan die hand van die mensekapitaal-ontwikkelingstrategie (WKOD 2006) te assesseer, wil die ondersoeker vasstel of onderwys 16 jaar later sodanig bestuur word dat elke kind sy/haar maksimum potensiaal kan bereik. Heel eerste word 'n raamwerk gegee van die strategie deur tien nasionale onderwysfokusse te verken om vas te stel of enige vordering gemaak is. Daarna word die resultate van die vraelysondersoek aangebied waarna tot gevolgtrekkings en 'n slotbeskouing gekom word. 2. 'N MENSEKAPITAAL-ONTWIKKELINGSTRATEGIE Die oorsprong van die strategie is 'n mandaat deur die provinsiale regering aan die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) om 'n mensekapitaal-ontwikkelingstrategie vir die Wes-Kaap te ontwikkel wat op die nasionale strategie van die Departement van Onderwys gegrond is. Mensekapitaal-strategieë fokus op die bestuur en ontwikkeling van bestaande mensekapitaal soos kennis en vaardighede binne 'n organisasie, in hierdie geval die WKOD. Die gevoel bestaan dat die huidige mensekapitaal nie oor die kennis en vaardighede beskik wat die provinsie in staat sal stel om sy sosio-ekonomiese ontwikkelingsprogram(me) te loods nie. Die strategie is die regering se antwoord op die uitdagings van die hoë werkloosheidsyfer onder die jeug, die oënskynlike gebrek aan vaardighede om bestaande werksgeleenthede en entrepreneursgeleenthede te benut, en die onvermoë van die jeug om self geleenthede te skep. Die strategie fokus op drie kernkomponente (WKOD 2006:1-3): die omstandighede van onderwys die omgewing van onderwys en die gehalte van onderwys Die strategie het ten doel om die onderwysstelsel in die provinsie so te bestuur dat elke rolspeler deur sy bydrae die onderwysomstandighede én die onderwysomgewing sal verbeter sodat dit tot gehalte-onderwys sal lei. Vervolgens word die tien onderwysfokusse bespreek. 2.1 Verbetering van die omstandighede van onderwys Hierdie fokus verwys daarna dat alle skole oor visioenêre leierskap moet beskik, 'n doelgerigte transformasieplan in plek behoort te hê en oor die basiese infrastruktuur, toerusting, menslike en finansiële hulpbronne moet beskik. 2.1.1 Leierskap, bestuur en kommunikasie Sedert 1994 het baie verwikkelinge op die gebied van die onderwys plaasgevind, veral met betrekking tot onderwysbestuur. Volgens Galloway (2004:75) sukkel baie skoolhoofde om met die transformasie en veranderinge tred te hou. De Klerk-Luttig (2009) is van mening dat skoolhoofde in die duister gelaat word met al die veranderinge en dus nie gemotiveerd is om nuwe beleid toe te pas nie. Bloch (2009:112) voer aan dat die bestuursverantwoordelikhede van 'n skoolhoof dringend heroorweging verdien. Hy stel dit dat die onderwysdepartement sedert 1994 talle administratiewe pligte aan die skool oorgedra het sonder dat die nodige personeel voorsien is. Die burokratiese ingesteldheid en inmenging van die onderwysowerhede, die administratiewe rompslomp en gesloer met die vulling van vakatures (kyk Sigudla 2002:2) is van die redes waarom tot 4 000 skoolhoofposte vakant is. Wat Suid-Afrikaanse skole benodig, is inspirerende en visioenêre leierskap om die veranderinge effektief te bestuur (Baxter & MacLeod 2008:16; Galloway 2004:75). Schreuder, Du Toit, Roesch en Shah (1993:6) haal vir Roueche en Baker (1986) aan wat visioenêre leierskap soos volg saamvat: "Leaders who lack a sense of vision may achieve competence, but will fail to achieve excellence". Dit is dus leierskap wat die aktiwiteite van 'n skool en sy opvoeders in die rigting van bepaalde doelwitte stuur (Ramphele 2008:184). Daar is talle voorbeelde van skole in arm gemeenskappe wat met visioenêre leierskap bewys het dat disfunksionele skole getransformeer kan word (Landman 2008). Die geheim is om 'n werksomgewing te skep wat opvoeders se professionaliteit respekteer (Conley & Muncey 1999:103). Dit is dus belangrik dat die onderwysdepartement skoolleierskap 'n prioriteit maak, sê De Klerk-Luttig (2009). Joubert (2007) bevestig dat die potensiaal vir effektiewe leierskap by die meeste skole bestaan. Volgens hom moet ondersteuning aan hoofde so vroeg moontlik begin "to help them become the leaders they already are" (Joubert 2007:1). Personeelontwikkelingsessies wat skoolhoofde as professionele en transformasie-leiers voorberei, is nodig om 'n omgewing te skep waar gehalte-onderrig kan plaasvind (Boutler 2005:29; Schreuder et al. 1993:18). 2.1.2 Basiese funksionaliteit, skoolinfrastruktuur en onderwysvoorsiening Kenners (kyk Bloch 2009; Jansen 2009; Ramphele 2008) is van mening dat omstandighede in die skole vir die meerderheid leerders nog niks verander het nie. Volgens hulle is die meerderheid skole in Suid-Afrika disfunksioneel omdat hierdie skole, waarvan die meerderheid in die townships en die platteland geleë is, nie aan die basiese uitkomstes voldoen nie. Bloch (2009:58) voer aan dat leerders dringend aan die roetine en orde van funksionele skole blootgestel moet word ten einde rigting aan hul lewens te gee. Dit is tragies dat skole wat in armoede vasgevang is, die sosiale en ekonomiese marginalisasie van die armes en weerloses versterk (Ramphele 2008). Oorlewing eerder as vooruitgang is aan die orde van die dag en leerders word gekortwiek pleks van gehelp in hul strewe om van armoede te ontsnap. Die meeste skole bied leerders geen geleenthede tot ekonomiese groei nie: "Instead of flying, the majority of learners find hurdles and blockages to hold them back" (Bloch 2009:60). Gallie (2009) voer aan dat onvoldoende onderwysomstandighede verhoed dat nóg die skool, nóg die leerder hul volle potensiaal bereik. Volgens hom lewe ongeveer 50% van alle leerders in armoede, en gaan nagenoeg 25% honger skool toe. Werkloosheid veroorsaak dat boeke, penne en skooluniforms luukshede is. Wanvoeding affekteer leerders se konsentrasievermoëns en lei tot leerprobleme. Verder is skole se basiese funksies soos tydroosters óf afwesig óf word nie toegepas nie, departementele prosedures word burokraties uitgevoer en dienslewering in die staatsdiens het drasties agteruitgegaan. Van die hindernisse wat leerderprestasie kortwiek, is die volgende: 41% van alle skole is óf glad nie, óf op 'n onaanvaarbare wyse in stand gehou; 17% van skole het geen elektrisiteit nie; 79% van skole het nie biblioteke nie; 60% van sekondêre skole het nie laboratoria nie; 31% van skole is van boorgate en reën vir water afhanklik; verskeie skole gebruik steeds die emmer-stelsel; min skole beskik oor voldoende sportgeriewe; en korrupsie kom dikwels voor (Bloch 2009:82). Van den Berg (2005) huldig die mening dat meer hulpbronne en meer opvoeders egter nie 'n oplossing vir disfunksionele skole bied nie want, sê hy, meer opvoeders beteken net meer van hulle doen al minder, juis omdat goeie leierskap afwesig is. 2.1.3 Transformasie in ons skole Sedert 1994 het Suid-Afrika diepgaande sosio-politieke en sosio-ekonomiese verandering ondergaan. Nelson (1999:8) wys daarop dat hierdie veranderinge vanselfsprekend 'n impak op die onderwys sou hê, want gemeet aan die Suid-Arikaanse Grondwet van 1996, was daar te veel tekortkominge. Aanvanklik was daar verskeie standpunte oor wat deel van die unieke Suid-Afrikaanse onderwysstelsel moes vorm (Beets & Van Louw 2005:181). Die waardes en beginsels waarop die grondwet berus, het vereis dat die onderwysstelsel nie ongelykhede en diskriminasie bevat nie, en geleenthede vir lewenslange leer vir almal bied (RSA 1996). Veranderinge was dus nodig, maar volgens Ramphele (2008:171) het die minderwaardige onderwys wat sedert 1950 aan swart Suid-Afrikaners opgedring is, 'n verlammende effek op hul vermoëns gehad om hulself van die nalentskap van apartheid te bevry. Sy sê 'n groot struikelblok op die pad van transformasie in die onderwys was die staat, die onderwysberoep, die skoolbeheerrade en die ouers se gebrek aan kapasiteit om die stelsel vir dienslewering verantwoordbaar te hou. Daarbenewens het die regering volgens Alexander (2007:2), direkteur van PRAESA,3 nie sy onderneming tot 'n demokratiese, nie-rassige en nie-seksistiese onderwysstelsel gestand gedoen nie. Ramphele (2008:76) en Ramrathan (2010:114) huldig die mening dat hoewel die post-1994regering daarin geslaag het om die gefragmenteerde en diskriminerende onderwysstelsel in een nasionale onderwysdepartement te omskep, die nalentskap van Bantoe-onderwys en apartheid nog lank in die onderwysstelsel sigbaar sal wees. Daarom is dit volgens Alexander (2007:3) onafwendbaar dat "...certain structural elements of the system would have to be changed radically". Een van die sleutelaspekte wat volgens hom dringend aandag verdien, is die skoolomgewing (Alexander 2007:5). In die verlede is skole in die sogenaamde ghetto's4 gebou - wat nie bevorderlik was vir gehalte-onderrig nie. Die transformasie van die onderwys stel moeilike eise aan opvoeders, leerders en ouers en kan maklik ontspoor as opvoeders onvoldoende opgelei word, bronne beperk is en daar nie genoeg ondersteuning in skole bestaan nie (Nelson 1999:8). Daarom is dit dringend noodsaaklik dat alle rolspelers in die onderwys gesamentlik 'n raamwerk ontwikkel waarin politieke, sosiale en kulturele verskille in 'n gemeenskaplike doel en aksie saamgesnoer word (Bloch 2009:89). 2.2 Verbetering van die onderwysomgewing "Die verbetering van die onderwysomgewing" het primêr betrekking op 'n gesonde skoolklimaat; 'n skoolomgewing wat bevorderlik is vir gehalte-onderrig. Dit sluit in verhoudings tussen die skool, onderwysersunies en die breë gemeenskap, ouerbetrokkenheid, veiligheid en dissipline. 2.2.1 'n Positiewe skoolklimaat Schreuder et al. (1993:22) beskryf die skoolklimaat as die unieke atmosfeer wat in 'n skool heers en volgens Freiberg en Stein (1999:11) is "[s]chool climate the heart and soul of a school". Dit is die etos van 'n skool wat 'n leerder, opvoeder of ouer 'n liefde vir die skool laat ontwikkel en maak dat ouers hul kinders na die skool stuur ongeag waar hulle woon. Reeds in 1908 het Arthur Perry, skoolhoof in Brooklyn, New York, die belangrikheid van 'n gesonde skoolomgewing uitgelig: Although it is quite impossible to reduce to any mathematical ratio the extent to which puplis are affected by the quality of their material environment, nevertheless it must be admitted that they are distinctly influenced by their surroundings, and it becomes a duty of the school to provide something more than mere housing. (Perry 1908:303) Perry (1908:304) gaan voort en noem dat esprit de corps, die skoolatmosfeer, skooltrots, en respek vir die skool se naam en eer nie binne een dag verwerf word nie. Dit is 'n kwessie van tradisie wat met baie harde werk oor 'n baie lang tyd geskep word. As die waardes en etos van die skool eers gevestig is, word dit van een geslag na die volgende oorgedra. Meer as 'n eeu later is Perry se woorde steeds waar. 'n Positiewe skoolklimaat dien nie net as aansporing vir die onderwysers, leerlinge en ouergemeenskap om aktief deel te neem nie, dit verhoog ook produktiwiteit (Schreuder et al. 1993:22). Die skoolklimaat spreek van gehalte-onderwys en skep 'n gesonde leerinstelling wat elke individu motiveer om elke dag daar te wil wees (Freiberg 1999:2). Dit koester leerders se drome en ouers se aspirasies, beklee sy leerders met waardigheid, en bemagtig die opvoeders met kreatiwiteit en entoesiasme. Waar 'n skoolklimaat afwesig is, word die skool deur gebrekkige leiding, swak samewerking deur die ouergemeenskap en ongemotiveerde leerders en opvoeders gekenmerk (Freiberg & Stein 1999:11). Freiberg (1999:1) vat dit soos volg saam: "School climate is much like the air we breathe - it tends to go unnoticed until something is seriously wrong". 2.2.2 Die rol van onderwysersunies Dit het tyd geword dat die rol van onderwysersunies op 'n konstruktiewe en ondersteunende wyse bespreek word. Bloch (2009:106) stel dit soos volg: "One of the greatest silences in education today is a discussion on the role of the unions". Volgens 'n meningspeiling (vgl. Democratic Alliance 2007:2) het die verhouding tussen skole en opvoeders aan die een kant en die onderwysdepartement aan die ander kant, 'n laagtepunt bereik. In Suid-Afrika is daar vandag net twee onderwysersunies wat werklik sigbaar is op die onderwyslandskap: die SAOU5 en SADOU.6 Dit is waar dat daar ook ander onderwysersunies is, onder andere NAPTOSA7 en die KPO8 maar hulle rol is weens hul kwynende ledetal verskraal tot randfigure of, soos in die geval van die KPO, meelopers van SADOU. In die praktyk is dit opmerklik dat die twee groot onderwysersunies teenoorgestelde modus operandi volg. 'n Ideale onderwysersunie is een wat uitgesproke is oor die ongeregtighede in die onderwys maar op professionele wyse hul standpunt stel sonder dat die orde in skole versteur word. Die meerderheid onderwysers is egter lede van SADOU wat met voortdurende protesoptredes 'n skoolklimaat skep wat gehalte-onderwys belemmer en die onderrigprogram van skole dikwels onderbreek (Ramphele 2008:174; Jansen 2009:33). Die probleem is nie net tot Suid-Afrika beperk nie. Streshly en DeMitchell (1994:15) wys daarop dat die opkoms van onderwysersunies in die VSA met verhoogde salarisse maar agteruitgang in die gehalte van onderwys gepaardgegaan het. In Europa worstel onderwysersunies reeds sedert 1985 met die "conflict between professionalism and teacher unionism" (Ozga 1985:253). McDonnell en Pascal (1988:vii) verduidelik die tweeledige taak van onderwysersunies: eerstens moet hulle as 'n professionele liggaam 'n konstruktiewe bydrae tot onderwysontwikkeling maak. Tweedens moet unies na hul lede se belange soos salarisse en diensvoorwaardes omsien ten einde lede se lidmaatskap te behou. Om daardie balans te handhaaf, is 'n uitdaging, want die dae is verby dat opvoeders apolities of onbetrokke kan wees. Opvoeders wil nie meer as 'n produksiekommoditeit beskou word nie (Lawn 1985:2), maar as vennote in die onderwys (Ozga 1985:237). Om opvoeders mede-verantwoordelik te maak vir onderwys (Streshly & DeMitchell 1994:15) en 'n werkomgewing te vestig wat opvoeders as professionele persone respekteer, kan die konflik tussen onderwysowerhede en vakbondleiers ontlont (Conley & Muncey 1999:104). Hopelik sal toekomstige onderhandelinge tot nuwe houdings en prioriteite lei. Professionele unies is moontlik en dit is nou tyd vir verandering op hierdie gebied (Streshly & DeMitchell 1994:68). 2.2.3 Ouerbetrokkenheid Sedert die instelling van die Suid-Afrikaanse Skolewet in 1996 en die totstandkoming van skoolbeheerliggame was daar probleme ten opsigte van skoolbeheer en skoolbestuur (Sigudla 2002:37). Die Suid-Afrikaanse Skolewet (DvO 2007:23) omskryf beheer as die leierskapsrol wat ouers deur middel van die beheerliggaam vervul; en bestuur verwys na die rol van die skoolhoof en sy bestuurspan. Die effektiewe bestuur van 'n skool veronderstel dat die bestuurspan én die beheerliggaam hul rol en funksies begryp en reg daaraan laat geskied (McCaleb 1994:3). Dit vereis dat die twee komponente in harmonie saamwerk. In die praktyk is dit egter selde die geval (McCaleb 1994:39). Navorsing (kyk Sigudla 2002:38) het getoon dat die meeste beheerliggame in benadeelde gemeenskappe gewoon nie opgewasse is teen take soos die aanstelling van nuwe opvoeders nie, omdat hierdie ouers dikwels ongeletterd is. In die praktyk beteken dit dat die bestuurspan (meestal net die skoolhoof) albei rolle moet vervul, wat ewe dikwels wanpraktyke tot gevolg het. Daarteenoor is die verhouding tussen beheer en bestuur by voormalige model C-skole dikwels gespanne en gaan dit dikwels met konflik gepaard (Sigudla 2002:38). Skoolhoofde hier ervaar toenemend die betrokkenheid van die beheerliggaam as "inmenging". Vir Ndungane (2009) is dit belangrik dat elke ouer, ongeag of hy of sy in die beheerliggaam dien, sy rol in die skool besef en vervul: [E]very parent or guardian has to be accountable. An atmosphere that is conducive to study must be enforced at home. The more we (as parents) are involved in our children's schools, the more we will develop a sense of what works and what not. Le Kay (1991:97) het bevind dat ouers betrokke wil wees, maar nie weet hoe hulle by skoolverwante aangeleenthede ingeskakel kan word nie. Swak sosio-ekonomiese omstandighede dra ook tot onbevredigende ouerbetrokkenheid by. Navorsers9 is van mening dat ouers in veral benadeelde gemeenskappe groter inspraak en seggenskap maar ook aanvaarding van mede-verantwoordelikheid ten opsigte van hul kinders se opvoeding wil hê. Die behoefte aan die totstandkoming van meer ouer-onderwyserverenigings kan volgens Le Kay (1991:98) en Bastiani (1989:12) 'n belangrike rol speel om die gaping tussen skool en ouers te oorbrug. 2.2.4 Skoolveiligheid, sekuriteit en gesondheid Leerders het die reg om in 'n veilige omgewing skool te gaan. In Suid-Afrika is leerders egter dikwels aan hoë vlakke van skolegeweld blootgestel (Sullivan 2005:94). Volgens Capozzoli en McVey (2000:13) dek die slagoffers van skolegeweld 'n breë spektrum. Dit sluit leerders in alle grade en selfs opvoeders in. Navorsing (kyk Capozzoli & McVey 2000:17) toon dat meisies meer aan fisiese en verbale geweld tuis blootgestel is, terwyl seuns dikwels slagoffers van traumatiese geweld by die skool en in die gemeenskap is. Volgens Sullivan (2005:95) is die meeste oortreders self kinders wat nog op skool is. Dit is ook opvallend dat skolegeweld by alle skole voorkom. Baie voorvalle vind by sogenaamde "goeie" skole plaas. 'n Ander aspek van skoolveiligheid wat meer aandag verdien, is leerders se onveilige seksuele gewoontes asook die impak wat die MIV/VIGS-pandemie op leerders het. Talle leerders is wees en dit is nie vreemd dat in sommige huishoudings 'n ouer suster of broer vir die jongeres moet sorg nie. Volgens Griggs (2005:109) beland talle van hierdie leerders op straat op soek na 'n heenkome. Die uiteinde is dat leerders by 'n spiraal van geweld, dwelms, diefstal en bendes betrokke raak (Smit & Hennessy 2007:31). Wat seksopvoeding betref, is dit 'n aspek wat in die verlede nie tot sy reg gekom het nie, omdat skole weinig oop gesprek aanmoedig, waar elke individu in 'n demokratiese atmosfeer sy standpunt kan stel (Broderick & Bernard 1969:8; Le Cordeur 2001:21). Daarom moet die oorsake van skolegeweld ondersoek word. Sullivan (2005:96) beveel aan dat leerders, ouers en opvoeders programme volg wat hulle in staat sal stel om konfliksituasies te hanteer. Hierdie aspekte vereis dat ouers met bepaalde vaardighede toegerus word om opvoeders - wat so vasgevang is met administratiewe werk dat hulle nie die leerders se noodkreet raaksien nie - behulpsaam te wees (Ramphele 2008:179; Sullivan 2005:95). Skoolterreine bied maklike toegang vir buitestaanders en is daarom sagte teikens. Die onderwysdepartement is egter moreel en wetlik verplig om leerders se veiligheid te waarborg deur gepaste maatreëls in plek te stel (Capozzoli & McVey 2000:29). 2.3 Verbetering in die gehalte van onderwys By hierdie fokus val die klem op die gehalte van onderwys. Dit behels 'n relevante kurrikulum, wat verkieslik deur gekwalifiseerde en gemotiveerde opvoeders in die moedertaal aangebied word, wat sodoende tot verbeterde leerderprestasie sal lei. 2.3.1 'n Relevante kurrikulum Met die totstandkoming van 'n demokrasie in Suid-Afrika het 'n eiesoortige kurrikulum noodsaaklik geword omdat die vorige onderwysstelsel op verskeie terreine teen die grootste gedeelte van die bevolking gediskrimineer het (Nelson 1999:12). Kurrikulum 2005 - so genoem om die jaartal aan te dui wanneer dit ten volle operasioneel sou wees - is in 1998 ingestel om aan 'n demokratiese, nie-rassige, nie-seksistiese en leerdergebaseerde onderwysstelsel gestalte te gee (Beets & Van Louw 2005:177). Dit moet nie met uitkomsgerigte onderwys (UGO), wat die onderrigmetode is en op leeruitkomste, vaardighede en waardes geskoei is, verwar word nie (Spady 1994:49). Die reaksie op UGO het tussen twee uiterstes gewissel: "Some adopt, some resist, some subvert" (Le Grange 2010:195). Sedert Jansen (1999) UGO vir die eerste keer in die openbaar gekritiseer het, is die debat oor UGO gekenmerk deur akademici wat dit óf heelhartig ondersteun óf in sy geheel verwerp het (Le Grange 2010:191). Volgens Ramphele (2008:177) was UGO uit voeling met die Suid-Afrikaanse werklikhede, terwyl Soudien (2010:44) asook (Ramphele 2008:181) uitwys dat dit die ongelykhede van apartheid en die gaping tussen ryk en arm vergroot het, wat tot 'n verdere verswakking van die onderwysstelsel gelei het. 'n Gebrekkige kennis van die vakinhoud en swak onderrigmetodes is van die redes waarom UGO nie relevant is nie: "Teachers in poor schools, who are mostly under-qualified, [could not] make the transition to the new curriculum despite numerous training workshops" (Ramphele 2008:177). Volgens Hoadley (aangehaal deur Pinar 2010:10) het UGO 'n ontmagtigingseffek op sowel leerders as opvoeders hoofsaaklik weens 'n gebrek aan leiding aan opvoeders oor wat en hoe hulle moet onderrig. Verder is bevind dat opvoeders gemiddeld net 3,2 ure per week aan onderrig bestee omdat baie ure weens assesseringsaktiwiteite verlore gaan (Brescani 2006:150). Die gebrek aan moedertaalonderrig - wat volgens Le Cordeur (2008) wêreldwyd as 'n nieonderhandelbare onderwysbeginsel beskou word - was eweneens 'n omstrede aspek van die kurrikulum. Yeld (2009) huldig die mening dat leerders onderpresteer omdat baie leerders nie in hul moedertaal onderrig word nie. Alexander (1997) en Heugh (2008) stem saam dat moedertaalonderrig met die vaslegging en internalisering van sleutelbegrippe help, wat tot beter prestasie lei. 'n Ondersoek deur 'n ministeriële taakspan het daartoe gelei dat die Minister van Basiese Onderwys op 6 Julie 2010 etlike aanpassings aan die kurrikulum aangekondig het. Volgens die minister was daar onrealistiese verwagtinge oor die gehalte van opvoeders en die omstandighede van leerders, soos toegang tot die internet. Dit is verblydend dat leerders volgens die aangepaste kurrikulum10 (DvO 2010) vir die eerste ses jaar moedertaalonderrig ontvang. Die minister beklemtoon egter dat die kurrikulum nie vervang word nie, net vereenvoudig en versterk word. Dit sal steeds die Nasionale Kurrikulumverklaring heet, maar met dié onderskeid dat die kwalifikasie Kurrikulum 2025 of Schooling 2025 bygevoeg word om dit te onderskei van Kurrikulum 2005 (DvO 2010; Kruger 2010). Maar kenners (Jansen 2010; Kloppers-Lourens 2010) is steeds van mening dat reeds benadeelde leerders blootgestel is aan 'n kurrikulum wat 'n brose leeromgewing verder verswak het. Pleks van die aanleer van die onmisbare vaardighede van lees, skryf en reken, is leerders onderwerp aan deftige teorieë wat talle van hulle ongeletterd gelaat het. Nie net het die gevolge hiervan baie leerders uit die skoolstelsel gedryf nie, maar ook grotendeels swak voorbereide studente aan universiteite gelewer. Die debat om 'n relevante kurrikulum vir Suid-Afrika te vind, duur voort. 2.3.2 Kwaliteit van onderrig en opvoederontwikkeling Suid-Afrika ondervind 'n ernstige tekort aan goedopgeleide en toegewyde opvoeders - veral swart opvoeders in die primêre afdeling (Jansen 2008). Stonier (2005:2) is van mening dat die stelsel dit baie moeilik maak vir jongmense om as opvoeders te kwalifiseer. Die sluiting van onderwyskolleges en die gepaardgaande sentralisasie in veel minder hoër-onderwysinstellings wat ver van studente se wonings geleë is, kompliseer sake verder (Stonier 2005:2). Volgens Ramphele (2008:174) het baie jeugdiges hul opvoeding vir die vryheidstryd opgeoffer. Vandag is daardie vryheidsvegters in hul veertigs of ouer, sonder dat hulle ooit enige opleiding voltooi het. Hulle is dus nie voorberei om die rol van aktivis vir die rol van opvoeder te verruil nie. Jansen (2009:36) voer aan dat die tekort aan opvoeders 'n krisis is wat elke jaar groter word. Die ideaal is dat nuwe opvoeders dié wat aftree in 'n voortdurende sirkelgang vervang. Tog laat Suid-Afrika toe dat die talentvolste en toegewydste opvoeders die beroep verlaat. 'n Ondersoek na die kwalifikasies van opvoeders toon steeds die nalatenskap van apartheid (Ramphele 2008:172). So byvoorbeeld het slegs 38% van die land se opvoeders in openbare skole in 2005 oor matriek en drie jaar opleiding beskik en slegs 23% het matriek en vier jaar opleiding gehad. In 2001 is 27% van alle swart leerders in wiskunde en 38% van die leerders in wetenskap onderrig deur opvoeders wat onderskeidelik geen wiskunde- of wetenskapkwalifi kasies gehad het nie. Van al die graad 6-opvoeders wat geletterdheid onderrig, het 32% in 2005 net primêre of junior kwalifi kasies gehad. Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudings het in 2008 bevind dat die getal opvoeders in beheerliggaamposte die afgelope tien jaar met 51.5% toegeneem het omdat die regering al minder opvoeders in voormalige model-C skole befonds het (DvO 2009). Weens hierdie, maar ook ander faktore, is opvoeders se moraal baie laag en sou 55% van alle opvoeders die beroep onmiddellik verlaat as hulle kon (Landman 2008). Die moraal van opvoeders kan egter verhoog word deur 'n ondersteuningsprogram te implementeer waarin almal deel sal hê (Prins 1998:33). Sake wat aandag verdien, is persoonlike ondersteuning en die herstel van die waardigheid van opvoeders. 2.3.3 Leerderprestasie Kommer heers oor die feit dat 'n land wat meer geld aan skoolonderwys bestee as enige ander land in Afrika, die swakste resultate lewer (Bloch 2009:68). Honderde duisende leerders verlaat jaarliks die skoolstelsel sonder die basiese vaardighede wat vir verdere studie of selfs die mees elementêre betrekkings benodig word (Ramphele 2008:174). Verskeie internasionale gestandaardiseerde toetse het getoon dat Suid-Afrikaanse leerders nie internasionaal mededingend is nie (Crouch & Vinjevold 2006; Van den Berg 2005). So byvoorbeeld in die Third International Maths and Science Study (TIMMS) het Suid-Afrika se graad 6-leerders die swakste uit 50 lande gevaar, selfs swakker as ander Afrika-lande (Reddy 2006; Van den Berg 2005). In ag genome dat die meerderheid Suid-Afrikaners uit groepe bestaan wat onder apartheid benadeel is, is 'n vanselfsprekende verduideliking vir hierdie powere prestasies dat dit 'n refleksie van die land se apartheidsverlede is. Steun vir hierdie argument kan gevind word in die klein getal wit leerders wat besonder goed in hierdie toetse vaar te midde van 'n andersins swak gemiddelde prestasie. Dieselfde ongelykhede kom na vore wanneer graad 12uitslae ontleed word, veral in wiskunde en wetenskap (Bhorat & Oosthuizen 2006). Lam, Ardington en Leibrandt (2007:3) meld dat daar toenemende bewyse is dat die ongelykhede in leerderprestasie nie net aan skoolbegrotings en toegang tot skole toegeskryf kan word nie. Die vordering wat gemaak is om meer leerders by skole in te skryf en meer fondse vir die benadeelde skole beskikbaar te stel, het nie tot 'n gelykstelling in leerderprestasie gelei nie (Fiske & Ladd 2004), want volgens Van den Berg (2005) kan geld nie die onderliggende probleme laat verdwyn nie. Voormalige model C-skole presteer steeds beter as voorheen benadeelde skole; trouens, die uitslae toon dat benadeelde skole verder uitsak (Bloch 2009:59). Die matriekslaagsyfer het die afgelope agt jaar gereeld gedaal: vanaf 74% in 2002 tot 60,6% in 2009 (DvO 2010). Slegs 23% van alle leerders wat graad 1 in 1997 begin het, het matriek in 2008 geslaag (Bhorat & Oosthuizen 2006). 'n Verdere ontleding van die matriekuitslae dui daarop dat 80% van ons hoërskole disfunksioneel is (Bloch 2009:58; Ramphele 2008:181). Die ongelykhede in leerderprestasie sal nog lank sigbaar wees (Lam, Ardington & Leibrandt 2007:4). 3. DIE EMPIRIESE ONDERSOEK Die tweede fase van hierdie ondersoek het die skoolhoofde van 60 laer- en hoërskole deur middel van 'n vraelys betrek. Volgens Bell (1998:76) "[q]uestionnaires are a good way of collecting certain types of information quickly and relatively cheaply as long as subjects are sufficiently disciplined". Dit was onprakties om die vraelys in al die skole in die Wes-Kaap te laat voltooi. Gevolglik moes die opsie van 'n verteenwoordigende steekproef gevolg word, "because the researcher has some notion of the probability that these will be a representative cross-section of the whole" (Denscombe 1998:34). Sorg is gedra dat die skole verteenwoordigend is van die Wes-Kaap ten opsigte van ras, voormalige departemente, taal en inkomstegroep. Daar moes rekening gehou word daarmee dat die meeste skole in die Wes-Kaap skole is wat vir leerders van die Afrikaanssprekende, arm en middelklas bruinmense voorsiening maak. Tabel 1 gee 'n aanduiding van die aard van die steekproef. Kriterium3.1 Strategieë om kwaliteit te verseker Een aspek wat tot kritiek in enige ondersoek kan lei, is dat die navorser soms te na aan die ondersoek staan en sy bevindinge nie altyd objektief is nie. Daarom is hier twee metodes van triangulasie gebruik om te verseker dat die navorsing geldig en betroubaar is (Denscombe 1998:40; Mouton 2001:150): Die resultate en bevindinge is deur 'n onafhanklike party afgeneem (in hierdie geval deur 'n leerondersteuningsadviseur van die WKOD); Twee of meer metodes is gebruik om data vir die navorsing in te samel ('n literatuurstudie ondersteun deur 'n vraelys) (Zuber-Skerritt 1992:138-139). 3.2 Die Vraelys By die ontwerp van die vraelys is op geslote vrae (stellings) besluit aangesien die geslote vraelys meer gestruktureerd is (Denscombe 1998:101). Denscombe (1998:102) wys egter op twee nadele van hierdie tipe vraelys. Ten eerste is daar min ruimte vir die respondent om sy ware gevoelens weer te gee. Tweedens, en deels te wyte aan die eerste nadeel, mag die feit dat hulle nie werklik hul ware gevoelens kan wys nie die respondente frustreer sodat hulle belangstelling kan verloor. Die vernaamste voordeel van die geslote vraelys is dat dit die navorser van kontroleerbare inligting voorsien. In die onderhawige geval moes skoolhoofde op stellings wat elk 'n onderwysfokus ondervang, reageer deur een van drie opsies te kies: waar, deels waar, onwaar. Die vraelys het as volg daar uitgesien: 3.3 Data-analise Die data wat verkry is van die vraelys is onderwerp aan vier basiese kriteria vir evaluering (Denscombe 1998:104). Ten eerste is uitgegaan van die waarskynlikheid dat die vraelys volledige inligting sou verskaf oor die bepaalde onderwerpe en tweedens dat daardie inligting akkuraat sou wees. Derdens is die vraelys geëvalueer aan die hand van die redelike respons wat behaal is. Laastens is 'n etiese kode gehandhaaf wat skoolhoofde die versekering gee dat die inligting wat verskaf is, met vertroulikheid hanteer sou word. Vir die doel van hierdie studie sal die data nie noodwendig gekategoriseer word as kwantitatiewe en kwalitatiewe data nie. Veel eerder wil die ondersoeker saamstem met Miles en Huberman (1994:40) dat al wat werklik saak maak, is om te weet wanneer dit van enige nut is om met syfers te werk, en wanneer dit onvanpas of te moeilik is. Dit is veral van toepassing waar geen duidelike reëls bestaan om te onderskei tussen veranderlike, feit en fout nie. Die SAS-program is vir die analise en verwerking van die data gebruik. Beskrywende statistiek en histogramme is gebruik om navorsingsresultate op 'n bondige en leesbare wyse voor te stel. Die resultate van die vraelys word vervolgens bespreek. 4. RESULTATE 4.1 Die onderwysomstandighede 4.1.1 Leierskap, bestuur en kommunikasie Op stelling (1) Die regering neem die kwessie van skoolleierskap ernstig op en gee professionele opleiding asook emosionele ondersteuning aan skoolhoofde het 77% van skoolhoofde geantwoord dat dit slegs gedeeltelik waar is en 23% het genoem dat hulle glad nie daarmee saamstem nie. Geen skoolhoof het met bogenoemde stelling saamgestem nie. 4.1.2 Basiese funksionaliteit, skoolinfrastruktuur en onderwysvoorsiening Stelling (2) Skole beskik oor die basiese hulpbronne soos voldoende klaskamers, boeke, opvoeders en skryfmateriaal het 67% skoolhoofde as net gedeeltelik waar beskou, terwyl 22% glad nie daarmee saamgestem het nie. Slegs 11% van die skoolhoofde het waar geantwoord. 4.1.3 Transformasie in skole Op die stelling (3) Die regering slaag daarin om die eensverdeelde onderwysstelsel te transformeer na 'n verenigde departement waar alle skole van Suid-Afrika kan tuis voel het geen skoolhoofde bevestigend geantwoord nie, terwyl 59% die stelling as gedeeltelik waar en 41% dit as onwaar bestempel het. Die resultate word in figuur 1 grafi es voorgestel. 4.2 Die onderwysomgewing 4.2.1 Die skoolklimaat Op stelling (4) Skole aanvaar hul verantwoordelikheid ten opsigte van die vestiging van 'n positiewe skoolklimaat deur gepaste programme in plek te stel het die meerderheid skoolhoofde (67%) geantwoord dat dit nie waar is nie en 27% het genoem dat dit net gedeeltelik waar is. Net 6% van die skoolhoofde het bevestigend geantwoord. 4.2.2 Verhoudings met die onderwysersunies Stelling (5) Die verhouding tussen opvoeders, skole en onderwysersunies aan die een kant en die nasionale onderwysdepartement en die staat aan die ander kant is gesond is deur net 6% van die skoolhoofde as waar beskryf en 32% het genoem dat dit gedeeltelik waar is. Die meerderheid skoolhoofde (62%) het nie met die stelling saamgestem nie. 4.2.3 Ouerbetrokkenheid Op stelling (6) Elke ouer, ongeag of hy/sy op die beheerliggaam dien, besef en vervul sy/haar rol in die skool en bied die nodige ondersteuning aan die opvoeders het altesaam 94% van die skoolhoofde geantwoord dat dit óf nie waar is nie óf net gedeeltelik waar is. Slegs 'n klein hoeveelheid skoolhoofde (6%) het bevestigend geantwoord. 4.2.4 Skoolveiligheid, sekuriteit en gesondheid Op stelling (7) Alle leerders het die voorreg om in 'n veilige en gesonde omgewing skool te gaan wat bevorderlik is vir onderrig het slegs 3% van die skoolhoofde bevestigend geantwoord. Die meerderheid skoolhoofde (67%) het genoem dat dit gedeeltelik waar is en nog 37% het negatief geantwoord. Figuur 2: Skole se reaksie op die onderwysomgewing 4.3 Die gehalte van onderwys 4.3.1 'n Relevante kurrikulum Op stelling (8) Die kurrikulum slaag in sy doel om leerders te skep wat tegnologies geletterd en gesyferd is, én gereed is vir die snelveranderende wêreld het 12% van die skoolhoofde bevestigend geantwoord. Die res het óf genoem dat dit gedeeltelik waar is (57%) óf onwaar is (31%). 4.3.2 Gehalte van onderrig en opvoederontwikkeling Op stelling (9) Suid-Afrika beskik oor voldoende gekwalifiseerde opvoeders wat gemotiveerd is om gehalte-onderrig aan die leerders te bied het die meerderheid skoolhoofde (67%) geantwoord dat dit gedeeltelik waar is en 26% dat dit onwaar is. Slegs 7% van die skoolhoofde was van mening dat die stelling waar is. 4.3.3 Leerderprestasie Net 7% van die skoolhoofde het saamgestem met die stelling (10) Die prestasies van Suid-Afrika se leerders regverdig die begroting wat aan onderwys bestee word, en vergelyk goed met die res van Afrika en die res van die wêreld. Die res was van mening dat dit gedeeltelik waar is (56%) en selfs onwaar is (37%). Die resultate oor die gehalte van onderwys word in figuur 3 grafi es voorgestel. 5. GEVOLGTREKKINGS 5.1 Onderwysomstandighede Die resultate dui daarop dat enige vordering ten spyt, die omstandighede van onderwys in die skole wat by hierdie ondersoek betrek is, steeds nie vir gehalte-onderwys geskik is nie. Geen skoolhoof was tevrede dat die WKOD genoeg doen om leierskap by skoolhoofde en transformasie in skole te bevorder nie. Daar is dus 'n duidelike verband tussen dit wat vanuit die leefwêrelde van skoolhoofde verkry is en dit wat in die literatuur te vinde is (kyk 2.1.1). Volgens Galloway (2004:75) sukkel skoolhoofde om met die transformasie tred te hou, terwyl De Klerk-Luttig (2009) van mening is dat skoolhoofde in die duister gelaat word met al die veranderinge. Die feit dat die meerderheid skoolhoofde aangedui het dat dit slegs gedeeltelik waar is (kyk 4.1.1 en 4.1.3), kan 'n aanduiding wees dat die onderwysdepartement wel opleiding in leierskap en transformasie bied, maar dat dit onvoldoende is. Wat betref skole se basiese funksionering, soos die opstel van tydroosters en die aanwending van hulpbronne, dui die resultate daarop dat daar geringe vordering gemaak is terwyl die meerderheid skoolhoofde aangedui het dat meer gedoen kan word, veral wat skole se instandhouding betref (kyk 2.1.2). 5.2 Onderwysomgewing Die ondersoek wys dat die omgewing waarin die meerderheid leerders moet skoolgaan, nog nie genoegsaam verander het ten einde bevorderlik vir gehalte-onderwys te wees nie. Dit is in ooreenstemming met die literatuur (kyk 2.2.1) wat daarop dui dat 'n positiewe skoolklimaat lei tot verhoogde produktiwiteit (Schreuder et al. 1993:22), terwyl die opkoms van onderwysersunies (kyk 2.2.2) met agteruitgang in die gehalte van onderwys gepaardgegaan het (Streshly & DeMitchell 1994:15). 'n Klein persentasie skoolhoofde het aangedui dat hulle tevrede is met die vordering wat op hierdie gebied gemaak is, maar dit moet eerder toegeskryf word aan die getal voormalige model C-skole waar reeds ver gevorder is ten opsigte van aspekte soos skoolklimaat (kyk 4.2.1) en ouerbetrokkenheid (kyk 4.2.3). Weens hierdie skole se ligging is daar ook minder probleme met skoolveiligheid (kyk 4.2.4). Die persentasie skole wat aangedui het dat hulle geen probleme met onderwysersunies ervaar nie (kyk 4.2.2) korreleer met die getal swart en voormalige model C-skole waar opvoeders hoofsaaklik by die SADOU óf die SAOU geaffilieer is, met wie daar 'n goeie verhouding bestaan. 5.3 Gehalte van onderwys Dit blyk uit die ondersoek dat gehalte-onderwys slegs by 'n klein persentasie skole wat aan die ondersoek deelgeneem het, plaasvind (kyk 4.3.3) en dat die prestasies van leerders by die meerderheid skole swakker as die verlangde standaard is. Dit is in ooreenstemming met die literatuur (kyk 2.3.3) wat daarop dui dat Suid-Afrikaanse leerders nie internasionaal mededingend is nie. Dit is ook duidelik (kyk 4.3.2) dat die meerderheid skole nie oor voldoende gekwalifiseerde en gemotiveerde opvoeders beskik nie. Dit korreleer met die literatuur (kyk 2.3.2) wat toon dat die nalatenskap van apartheid steeds sigbaar is. Oor die kurrikulum was baie skoolhoofde positief (kyk 4.3.1), maar die meerderheid was tog van mening dat die kurrikulum nie in sy doel slaag om leerders gereed te maak vir die uitdagings wat op hulle wag nie, soos ook blyk uit die literatuur (kyk 2.3.1). 6. SLOTBESKOUING In hierdie artikel is die menings van primêre en sekondêre skoolhoofde oor die stand van onderwys in die Wes-Kaap ondersoek. Dit is belangrik om daarop te let dat hierdie data op die persepsies en die opinies van skoolhoofde dui. Dit is dus gerapporteerde data en nie noodwendig 'n ware refleksie van wat die werklikheid in alle skole is nie. Die data kon ook op verskeie ander wyses, soos observasies of 'n etnografiese studie, ingesamel gewees het, maar hierdie studie wil spesifiek 'n verbinding maak tussen dit wat "publieke persepsie" is en dit wat op die grondvlak deur skoolhoofde gerapporteer word. Die resultate dui daarop dat hoewel die onderwysdepartement vordering gemaak het, daar veral in swart skole steeds baie probleme voorkom. Nóg die omstandighede van onderwys, nóg die omgewing waarin die meerderheid leerders moet skoolgaan, het genoegsaam verander ten einde gehalte-onderwys te verseker. Dit word weerspieël deur die feit dat die prestasies van leerders by die meerderheid skole swakker as die verlangde standaard is. Alle rolspelers in die onderwys sal in alle eerlikheid hulself moet afvra hoe ernstig hulle is om die gehalte van onderwys te verbeter. Van die brandende kwessies wat dringende aandag vereis, is die gebrek aan visioenêre leierskap, 'n tekort aan gekwalifiseerde en gemotiveerde onderwysers, die soeke na 'n kurrikulum wat geskik is vir Suid-Afrika se unieke en diverse omstandighede, en die verslegtende verhouding tussen die onderwysowerhede en onderwysersunies. Versuim om hierdie kwessies aan te spreek, sal verhoed dat die jeug hul regmatige plek in die samelewing inneem. BIBLIOGRAFIE Alexander, N. 1997. Language policy and planning in the new South Africa. African Sociological Review, 1(1):82-98. [ Links ] Alexander, N. 2007. Foreword. In Smit, W. & Hennessy, K. (eds). 2007. Taking South African education out of the ghetto. An urban planning perspective. Kaapstad: UCT Press. [ Links ] Atkin, J., Bastiani, J. & Goode, J. 1988. Listening to parents. London: Croom Helm. [ Links ] Bastiani, J. 1989. Working with parents. A whole-school approach. London: Routledge. [ Links ] Baxter, L.F. & MacLeod, A.M. 2008. Managing performance improvement. New York: Routledge. [ Links ] Beets, P. & Van Louw, T. 2005. Education transformation, assessment and ubuntu. In Waghid, Y. (ed.). African(a) philosophy of education. Stellenbosch: Stellenbosch Universiteit. [ Links ] Bell, J. 1998. Doing your research project. A guide for first-time researchers in education and social science. London: Open University Press. [ Links ] Bhorat, H. & Oosthuizen, M. 2006. Determinants of Grade 12 pass rates in the post-Apartheid South African schooling system. Development Policy Research Unit konsepdokument, Universiteit van Kaapstad. [ Links ] Bloch, G. 2009. The toxic mix - What's wrong with South Africa's schools and how to fi x it. Kaapstad: Tafelberg. [ Links ] Boutler, L. 2005. Organisational excellence strategies and key performance results. In Chan, J., Kwan, R. & Wong, E. Quality management: a new era. Hong Kong: World Scientific. [ Links ] Brescani, M.J. 2006. Outcomes-based academic and curriculum program review. Sterling, Virginia: Stylus. [ Links ] Broderick, C.B. & Bernard, J. 1969. The individual, sex, and society. Baltimore: John Hopkins Press. [ Links ] Capozzoli, T.K. & McVey, R.S. 2000. Kids killing kids. Managing violence and gangs in schools. London: St. Lucie Press. [ Links ] Conley, S. & Muncey, D.E. 1999. Organizational climate and teacher professionalism: Identifying teacher work environment dimensions. In Freiberg, H.J. (ed.). School climate. London: Falmer Press. [ Links ] Crouch, L. & Vinejevold, P. 2006. South Africa: Access before quality, and what to do now? Ongepubliseerde referaat. North Carolina: RTI. [ Links ] De Klerk-Luttig. 2009. Skoolhoof wees is nie vir sissies nie. Die Burger, 2 September,11. [ Links ] Democratic Alliance. 2007. Saving dysfunctional schools. The DA's six point rescue plan for 20% schools: Kaapstad. [ Links ] Denscombe, M. 1998. The good research guide for small scale social research projects. Philidelphia: Open University Press. [ Links ] DvO. (Departement van Onderwys.) 2007. Understanding the SA Schools Act. Pretoria: Staatsdrukker. [ Links ] DvO. (Departement van Onderwys.) 2009. Indikatiewe subsidie toekennings aan onafhanklike skole vir 2009. Omsendbrief 51/2009. Pretoria. [ Links ] DvO. (Departement van Onderwys.) 2010. Mediaverklaring: Report of the Review of the National Curriculum Statement. Pretoria: Staatsdrukker. [ Links ] Fiske, E. & Ladd, H. 2004. Elusive equity: Education reform in post-apartheid South Africa. Washington, DC: Brookings Institution. [ Links ] Freiberg, H.J. (ed.). 1999. School climate. London: Falmer Press. [ Links ] Freiberg, H.J. & Stein, T.A. 1999. Measuring, improving and sustaining healthy learning environments. In Freiberg, H.J. (ed.). School climate. London: Falmer Press. [ Links ] Gallie, M. 2009. Oproer oor onderwys voortekens van ramp. Referaat gelewer by die simposium van die Suid-Afrikaanse Akademie. Pretoria. 14 September. [ Links ] Galloway, G.M.M. 2004. A visionary analysis of visionary leadership and its implications for educational transformation in schools. MEd-tesis. Stellenbosch: Stellenbosch Universiteit. [ Links ] Griggs, R. 2005. Lessons from crime and violence prevention in schools. Kaapstad: Open Society Foundation for South Africa. [ Links ] Heugh, K. 2008. The multilingual school: Modified dual medium. Kaapstad: UCT Press [ Links ] Jansen, J.D. 1999. Why outcomes-based education will fail: An elaboration. In Jansen, J.D. & Christie, P. (eds). Changing curriculum: Studies on outcomes-based education in South Africa. Kaapstad: Juta, pp. 145-156. [ Links ] Jansen, J.D. 2008. Politieke kultuur moet uit skole wyk. Die Burger, 22 Mei, 10. [ Links ] Jansen, J.D. 2009. Knowledge in the blood: Confronting race and the Apartheid past. Stanford: Stanford University Press. [ Links ] Jansen, J.D. 2010. Die argitekte van UGO het nou skielik verdwyn. Die Burger, 14 Julie, 10. [ Links ] Joubert, F. 2007. Ontwikkelingstrategieë vir jeugleiers: 'n Ondersoek in enkele Suid-Afrikaanse skole. PhDproefskrif. Stellenbosch: Stellenbosch Universiteit. [ Links ] Kloppers-Lourens, J. 2010. Verdien UGO die doodstraf? Rapport, 18 Julie, 17. [ Links ] Kruger, C. 2010. Veranderinge in kurrikulum word wyd verwelkom. Rapport, 11 Julie, 6. [ Links ] Lam, D., Ardington, C. & Leibrandt, M. 2007. Schooling as a lottery: racial differences in school advancement in urban South Africa. Kaapstad: Content Solutions. [ Links ] Landman, W. 2008. Beter skole is ANC se morele plig. Die Burger, 28 Augustus, 18. [ Links ] Lawn, M. (ed.). 1985. The politics of teacher unionism. London: Croom Helm. [ Links ] Le Cordeur, M.L.A. 2001. Dynamic life orientation. Kaapstad: Kagiso Education. [ Links ] Le Cordeur, M.L.A. 2008. Moedertaalonderrig steeds die beste. Die Burger. 16 Februarie, 5. [ Links ] Le Grange, L. 2010. South African curriculum studies: A historical perspective and autobiographical account. In Pinar, W.F. (ed.). Curriculum studies in South Africa. New York: Macmillan. [ Links ] Le Kay, I.U.D. 1991. Ouerbetrokkenheid as faktor in die skolastiese vorderingsproblematiek van leerlinge. MEd-tesis. Stellenbosch: Universiteit Stellenbosch. [ Links ] Manuel, T. 2004. The challenges of a developmental department operating within the framework of a developmental state. Referaat gelewer by die Conference on the Developmental State. Kaapstad. 20 September. [ Links ] McCaleb, S.P. 1994. Building communities of learners. New York: St. Martin's Press. [ Links ] McDonnell, L.M. & Pascal, A. 1988. Teacher unions and educational reform. New York: Centre for Policy Research in Education. [ Links ] Miles, M. B. & Huberman, A.M. 1994. Qualitative data analysis. An expanded sourcebook. London: Sage Publications. [ Links ] Mouton, J. 2001. How to succeed in your master's and doctoral studies: A South African guide and resource book. Pretoria: Van Schaik. [ Links ] Ndungane, N. 2009. All our hopes and dreams rest on quality education. The Sunday Times, 6 September, 21. [ Links ] Nelson, L. 1999. Skoolvernuwing deur kurrikulum 2005. 'n Praktiese gids vir opvoeders en ouers. Kaapstad:Tafelberg. [ Links ] Ozga, J.T. 1985. Teacher contracts and teacher professionalism. In Lawn, M. (ed.). The politics of teacher unionism. London: Croom Helm. [ Links ] Perry, A. 1908. The management of a city school. New York: Macmillan. [ Links ] Pinar, W.F. (ed.). 2010. Curriculum studies in South Africa. New York: Macmillan. [ Links ] Prins, V.R. 1998. Die bemagtigingsproses in skoolondersteuningspanne. MEd-tesis. Stellenbosch: Universiteit Stellenbosch. [ Links ] Ramphele, M. 2008. Laying ghosts to rest. Dilemmas of the transformation in South Africa. Kaapstad: Tafelberg. [ Links ] Ramrathan, L. 2010. From response to theorising: curriculum genesis in South Africa. In Pinar, W.F. (ed.). Curriculum studies in South Africa. New York: Macmillan. [ Links ] Reddy, V. 2006. Mathematics and Science achievement at South African schools in TIMMS 2003. Kaapstad: HSRC Press. [ Links ] Roueche, J.E. & Baker, G.A. 1986. Profiling excellence in American schools. Arlington, Virginia: American Association of School Administrators. [ Links ] RSA (Republiek van Suid-Afrika). 1996. Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika. Nr. 108 van 1996. Pretoria: Staatsdrukker. [ Links ] Schreuder, J.H., Du Toit, P.J., Roesch, N.C. & Shah, C.G. 1993. Professionele ontwikkeling. Praktiese aktiwiteite vir die skoolhoof en onderwyser. Kaapstad: Maskew Miller Longman. [ Links ] Sigudla, J.P. 2002. School governing bodies and their duty of staff appointments. MEd-tesis. Stellenbosch: Universiteit Stellenbosch. [ Links ] Smit, W. & Hennessy, K. 2007. Taking South African education out of the ghetto. An urban planning perspective. Kaapstad: UCT Press. [ Links ] Soudien. C. 2010. What to teach the natives. In Pinar, W.F. (ed.). Curriculum studies in South Africa. New York: Macmillan. [ Links ] Spady, W.G. 1994. Outcomes-based education: critical issues and answers. Arlington, Virginia: American Association of School Administrators. [ Links ] Stonier, J.L. 2005. Support for educators in training at risk students: Uncovering gaps and developing interventions. Kaapstad: HSRC Press. [ Links ] Streshly, W.A. & DeMitchell, T.A. 1994. Teacher unions and TQE. Thousand Oaks, California: Corwin Press. [ Links ] Sullivan, D.L. 2005. Exposure to violence and self-reported aggression among a sample of high school learners in the Stellenbosch district. MSc-tesis. Stellenbosch: Universiteit Stellenbosch. [ Links ] Van den Berg, S. 2005. Apartheid's enduring legacy: Inequalities in education Referaat gelewer by Oxford Universiteit /Universiteit Stellenbosch Conference on the South African economic policy under democracy: A 10 year review. Stellenbosch, Oktober. [ Links ] Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD). 2006. A human capital development strategy for the Western Cape. Januarie. [ Links ] Yeld, N. 2009. Kommer oor hoër onderwys: Dekaan wys vinger na grondslagfase in skole. Die Burger, 12 Augustus, 5. [ Links ] Zuber-Skerritt, O. 1992. Professional development in higher education: A theoretical framework or action research. London: Kogan Page. [ Links ] MICHAEL LE CORDEUR is verbonde aan die Fakulteit Opvoedkunde van die Universiteit Stellenbosch waar hy Afrikaansonderwys doseer. Hy is die skrywer van verskeie skoolhandboeke en was voorheen taalonderwyser, skoolhoof, en kringbestuurder van Onderwys in Stellenbosch. Hy het 'n doktorsgraad aan die Universiteit Stellenbosch verwerf en het ook grade van die Universiteit van Wes-Kaapland en UNISA. Sy navorsing handel oor die verbetering van leerders se lees- en skryfvermoë met behulp van inligtingstegnologie en die media. Hy het ook 'n bestuurskwalifikasie aan die Nagraadse Bestuurskool van die Universiteit Stellenbosch verwerf. Hy dien vir 'n tweede termyn as voorsitter van die Wes-Kaapse Taalkomitee, is die ondervoorsitter van die Afrikaanse Taalraad en beklee ook verskeie ander openbare posisies; onder andere is hy die voorsitter van die Breytenbach Sentrum, en raadslid van die Taalmuseum. Hy is in 2008 deur die SAAkademie met die Elisabeth Steijn-medalje vir sy bydrae tot onderwys bekroon. MICHAEL LE CORDEUR is currently lecturing Afrikaans Didactics at the Faculty of Education at Stellenbosch University. He is the author of various Afrikaans school textbooks and is a former language teacher, school principal and circuit manager of Education in Stellenbosch. He received his doctorate at Stellenbosch University and also holds degrees from the Universities of the Western Cape and UNISA. His research deals with the improvement of learners' reading and writing skills by using information technology and the media. He also holds a senior management qualification from Stellenbosch University's Graduate School of Business. Dr Le Cordeur has been elected to the chair of the Western Cape Language Committee for a second term of office. He also holds various other leadership positions; amongst others, vicechair of the Afrikaans Language Board, chair of the Breytenbach Centre, and member of the Afrikaans Language Museum. He was awarded the Elisabeth Steijn medal by the South African Academy for his contribution to education in South Africa in 2008. 1 The term "coloured" is used only to refer to previously disadvantaged people, and must by no means be seen as the author's condoning of a system that labelled people on racial grounds. 2 Vergelyk. Bloch (2009); Gallie (2009); Jansen (2009); Landman (2008); Manuel (2004); Ndungane (2009) en Ramphele (2008). 3 Project for the Study of Alternative Education in South Africa, aangebied deur die Universiteit van Kaapstad. 4 'n Mindergegoede woonbuurt, waar die meerderheid inwoners arm en werkloos is. 5 Suid-Afrikaanse Onderwysersunie. 6 Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie. 7 National Professional Teacher's Union 8 Kaaplandse Professionele Onderwysersunie 9 Kyk onder meer Atkin, Bastiani & Goode (1988:15); Le Kay (1991:97). 10 Volgens die minister is dit nie werklik 'n nuwe kurrikulum nie, net 'n aangepaste een.
http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512010000400005&lng=en&nrm=iso
Anneri & Barry se storie: Op ‘n koue wintersaand in Februarie 2009 het ons ontmoet by ‘n selgroep in Londen. Na ‘n paar maande het die romanse vlam gevat en so het ons avontuurlustige verhouding begin. Aangesien ons steeds in Londen bly, reis ons gereeld die wereld vol op soek na unieke ervaringe (onderwater duik in Maleisie, ski in die Alpe, Kilimanjaro uitklim, toer deur Frankryk op ‘n motorfiets en vele meer). 2 jaar later, op ‘n verlate eiland (Perhentian Islands) het Barry op sy kniee afgegaan in die sand en my gevra om hom die eer aan te doen om sy vrou te word. Die unieke Franse styl het ons geinspireer tot ons “French Vintage Countryside” troue en daar was geen beter bestemming in die wereld as die Kaapse Wynlande om hierdie droomdag te laat realiseer nie. Ek is mal oor hierdie idee wat hulle gebruik het – dit is verskillende kruie wat die gaste hulle mee kon strooi i.p.v konfetti. Dit het ongelooflik geruik toe hulle gaste hul klaar gegooi het!!
http://adenephotography.co.za/anneri-barry-nelsons-creek-paarl/
Mediese sorg: die duur abses 2012-08-26 00:06 - Artikelopsies - Deel - Kry Rapport op ’n Omvattende nuwe ondersoek na die koste van private gesondheidsorg kan uiteindelik antwoorde gee op waarom Suid-Afrikaners “belaglike pryse” vir mediese dienste moet betaal. Dié ondersoek deur die Mededingingskommissie is die eerste in sy soort en dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, meen die uitslag sal sy mening staaf dat private hospitale en -dokters buitensporig duur is. “Dit is hoog tyd dat iemand aan Suid-Afrikaners bewys ek is nie ’n leuenaar nie,” het die minister in ’n eksklusiewe onderhoud gesê. “Die koste van private gesondheidsorg is onvolhoubaar.” Die Mededingingskommissie het twee voorlopige studies gedoen om te bepaal wat presies die koste van private gesondheidsorg opjaag. Die bevinding was dat verdere ondersoek nodig is. Volgens Trudi Makhaya van die kommissie is die presiese grense van die ondersoek nog nie vasgestel nie. Dit sal egter soortgelyk wees aan die ondersoek na die banksektor in 2006 waarna banke hul tariewe drasties verlaag het. Makhaya wou nie uitwei oor die bevindings in die voorlopige studies nie. Dit lyk of “nuwe beleid en regulerende maatstawwe” dalk nodig sal wees, sê sy. Volgens Motsoaledi is dit die soort ondersoek waarop hy gewag het. “Dit sal alles openbaar en mense sal weet waarvoor hulle betaal,” sê hy. “(Die koste van) private gesondheidsorg is totaal onaanvaarbaar. “Nêrens in die wêreld, behalwe in Suid-Afrika, sal jy private hospitale kry wat vir ’n eenvoudige prosedure soos die dreinering van ’n abses tot R30 000 hef nie.” Die Hospitaalvereniging van Suid-Afrika (Hasa), wat hospitaalgroepe soos Netcare, Mediclinic, LifeHealthcare en National Health Network insluit, het die nuus van die ondersoek verwelkom. Hasa sal nie deel wees van die ondersoek nie omdat dit nie toelaatbaar is nie, sê dr. Nkaki Matlala, hoof van Hasa. “Die vereniging is al beboet vir deelname aan besprekings oor die koste van gesondheidsorg.” Hy voeg by hul lede kan wel in hul individuele hoedanighede deelneem. Matlala het verwys na die Mededingingskommissie se beslissing in 2004 dat private verskaffers van gesondheidsorg nie kollektief pryse mag onderhandel nie. Die beslissing het gekom ná ’n klagte dat private gesondheidsorgverskaffers en -finansierders saamspan om pryse vas te stel sonder enige regulerende of regeringsoorsig. Makhaya sê die 2004-beslissing sal nie die ondersoek raak nie. “Die kommissie ondersteun maatstawwe om die lugleegte in regulering aan te pak. Die mededingingsowerhede se vorige bevindings teen private kollektiewe onderhandeling verhinder nie die regering om sulke stappe namens die publiek te doen nie.” Motsoaledi sê sy kantoor wag op ’n uitnodiging om aan die ondersoek deel te neem. “As regering is dit ons plig om die publiek te beskerm, selfs al is hulle nie verbruikers van openbare gesondheid nie,” sê Motsoaledi. “Ons moet weet hoe die private gesondheidsektor by hierdie belaglike pryse uitkom.” Die nuus van die nuwe ondersoek kom te midde van ’n hewige stryery tussen die departement en private hospitale. Private hospitaalgroepe het die departement daarvan beskuldig dat dr. Anban Pillay, direkteur-generaal van farmaseutiese ekonomiese evaluering, statistieke bekook het om te bewys private gesondheidsorg in Suid-Afrika is duur.
http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Mediese-sorg-die-duur-abses-20120825
Wat wel altyd vir my interessant is van Maandae is dat die Maandagkoerante gewoonlik interessant en spannend is. Ek weet nie of dit is omdat die weekblaaie se joernaliste die hele Sondag het on nuwe stories uit te dink en of dit net is omdat die naweke geneig is om meer interessante stories op te lewer nie. Meer interessant omdat die meerderheid van mense naweke interessanter dinge doen soos om paartie ste hou, om van berge aft e spring met sweeftuie, sport kyk en speel, op klein bootjies op groot see gaan vaar of teen baie hoë spoed met motors, motorfietse en vliegtuie rondjaag. Ek dink julle kry die prentjie – naweke is interessanter en maak daarom interessanter nuus vir Maandag. Vandag se hoogtepunt vir my was die besonder opbouende storie in die Beeld oor vet mense wat nou gatvol daarvoor is dat die res van die samelewing teen ons diskrimineer. http://jv.news24.com/Beeld/Vroue/0,,3-1841_2527514,00.html – nou hier is die ding. Ek is ook gatvol daarvoor. Daar word vandag definitief teen mense gediskriminasie op gronde van hoe hulle lyk. Hoe hulle gebou is en hoe hulle aantrek. Organisasies diskrimineer teen mense wat as vet beskou word, en hier bedoel ek nie beesgroot mense wat op ‘n trekker se trailer gelaai moet word om erens heen te gaan nie, ek bedoel op mense wat nie eens in die “obese” kategorie val nie. Ek bedoel mense wat net rond is in ‘n Rubeneskiese manier. Manne en meisies wat meer vorm het as die geraamtes wat mode voorskryf vir ons om te wees. Mense soos ek. So nou gaan ek – ‘n hele paar kilogram oor my ideale gewig, en mense kom met allehande dinge van dat ek my gewig moet op let omdat dit my gesondheid sal skade aandoen. Hoe kom ek by my huidige gewig? Wat doen ek in my daaglikse lewe wat my “oorgewig” maak volgens die norme van… wie? Ek eet – ontbyt, ligte middagete, en ‘n ligte aandete. Eke et nooit abnormal baie nie, en vermy goed wat sleg is vir my soos brood en sulke dinge. Sterker nog – ek gluten intolleransie, wat betekn dat goed wat klassiek oorgewig veroorsaak word deur my vermy anders is ek siek. EK eet goed met proteiene, maar vermy te vetterige kos, want as kind het ek geelsug gehad, enb my lewer is nie baie life vir vetterige kos nie. Dieselfde met alkohol. Ek is nie ‘n groot drinker nie, want my lewer kan dit nie lekker hanteer nie, dus drink ek nie groot nie. Nouja, wat bly oor? Ek gaan op ‘n dieet – ek het al op baie diete gegaan, maar ek verloor ‘n bietjie gewig partykeer en dan tel ek dit op na die tyd met ekstra. Die grootste gewigsverlies wat ek in my lewe gehad het, was toe ek kompeterend pluimbal gespeel het in Nederland. Ek het oor ‘n tydperk van ‘n jaar vyftien kilogram verloor, en is toe na Saoedi Arabie gegaan waar ek weer begin speel het tot ek ‘n ernstige kniebesering opgedoen he twat my nou nog steeds uit die spel hou. Die alternatief was om te gaan gym. Ek doen dit, gereeld genoeg dat dit ‘n impak het op al die ander dinge wat ek graag sal wil doen. Nou na my gesondheidstoestand. Ten spyte van die feit dat daar mense is wat my as oorgewig reken, is ek gesond. My laaste toetse het gewys dat my hartklop uitstekend is vir my ouderdom (hoë 60’s), my bloeddruk is perfek, my kolestrol bestaan nie. Nou vra ek met trane in my babyblou oë – waarom moet ek, wat om een of ander onverklaarbare rede nie gewig verloor nie – myself steur aan al die vooroordele van ‘n gewigsbehepte samelewing? Watse vooroordele is daar teen mense wat meer weeg as die aanvaarde “norme”? Mense dink eerstens dat mense wat meer weeg as die media se norme - ‘n Ongesonde lewensstyl lei - Lui is - Selfsugtig is - Onproduktief is - Ongesond is Bull. Daar word ernstig gediskrimineer teen vet mense. Wat laat my so se? Gaan kyk om julle. Gaan kyk na die televisie en films. Die rolverdeling is nie naastenby ‘n refleksie van die realiteit daar buite nie. Hoe is dit byvoorbeeld dat 60% van die Amerikaanse bevolking vet is volgens norme, maar die enigste vet mense wat rolle kry in films en televisie is karikature – skurke of grapkasse. Gewone mense is nooit vet in films nie. Hoeveel van 7e Laan se karakters het ‘n bietjie liggaam aan hulle? Almal is sulke pragmodelletjies en hunky 3-uur-in-die-gym-‘n-dag bulle. Dit is behalwe vir die ouer mense en die grapkasse en die skurke. As musikant het ek al gesien wat gebeur. Stap ek noudiedag in ‘n venue in saam met die persoon wat die booking vir my gereël het en kyk die eienaar my so op en af asof ek nie enigsins moontlik musiek kan maak nie. My flip man – sonder beskeidenheid – die feit date k nie kan bekostig om drie uur ‘n dag in die gym te spandeer nie, vat niks weg van wat ek kan doen op ‘n verhoog nie. Dit vat ook niks weg van wat ek kan doen in die studio nie. Vra enigiemand wat my al sien optree het of my gehoor het. Ek gaan ook nie ‘n grapgat word net omdat vet mense funny moet wees nie. Al wat ek vra is dat mense my na waarde skat vir wat ek kan doen – nie vir hoe ek lyk nie. Dit is my en biljoene ander mense om die wereld – skat ons na waarde – nie na hoe ons lyk in jul maatstawwe nie. Julle het geen idée hoe ek op my huidige gewig gekom het en wat die mediese of ander redes daarvoor is dat ek so lyk nie. Nou is ek sommer van voor af weer de hoenders in. Diskrimineerders, bly uit my pad uit. Tot Kyk -Gideon-
http://gideonvanzyl.co.za/website/blog-mainmenu-9/16--blog-/117-maandag-ek-is-gideon-en-ek-is-vet.html
Zimbabwe |Nasionale leuse: Unity, Freedom, Work| |Volkslied: Blessed be the land of Zimbabwe| |Hoofstad||Harare| |Grootste stad||Harare| |Amptelike tale||Engels| |Regering President Vise-president |Republiek Robert Mugabe Joice Mujuru |Onafhanklikheid ||18 April 1980 van die Verenigde Koninkryk |Oppervlakte - Totaal - Water (%) 390 757 km2 (60ste) 150 871 myl2 1 |Bevolking - 2009-skatting - Digtheid 12 521 000 (68ste) 26 / km2 (170ste) 57 / myl2 |BBP (KKP) - Totaal - Per capita |2009-skatting 4 164 billion |MOI (2007)||0.513 (151ste) – laag| |Geldeenheid||Zimbabwiese dollar ( |Tydsone - Somertyd |+2 (UTC+2) +2 (UTC+2) |Internet-TLD||.zw| |Skakelkode||+263| Zimbabwe is 'n land geleë in Suider-Afrika en begrens deur Zambië in die noordweste, Mosambiek in die noordooste, Suid-Afrika in die suide en Botswana in die suidweste. Die land het eers as Suid-Rhodesië, 'n Britse kolonie, bekendgestaan en van 1965 af as Rhodesië. In 1965 verklaar Suid-Rhodesië eensydig onafhanklikheid en word in 1970 'n republiek. Ná 'n jare lange vryheidsoorlog en daaropvolgende onderhandelinge word Suid-Rhodesië in 1980 amptelik die Republiek van Zimbabwe. Zimbabwe beslaan 390 759 km². Die hoofstad is Harare, tot 1980 Salisbury. Inhoud Fisiografies[wysig] Zimbabwe beslaan 'n gedeelte van die groot plato in Suider-Afrika. Die hoëveld met 'n lengte van 1 525 meter het twee hoof riviere naamlik Zambezi en Limpopo. Die Karibameer is net stroomaf van Victoria en is een van die grootste mens gemaakte mere in die wêreld. Vlag[wysig] Die ontwerp van Zimbabwe se huidige vlag is op 18 April 1980 aanvaar. Die vlag van Zimbabwe het sewe horisontale bande groen, goud, rooi, swart, rooi, goud, groen en 'n swart omlynde wit driehoek met 'n rooi vyfstralige ster en 'n goue voël. Elkeen van die bande het 'n simboliese betekenis. Groen versinnebeeld die flora en natuurlike hulpbronne van Zimbabwe, goud versinnebeeld die rykdom aan minerale, rooi simboliseer die bloed wat tydens die vryheidstryd vergiet is, swart versinnebeeld die swart bevolking, die wit driehoek simboliseer die vrede en die "pad vooruit", die rooi ster versinnebeeld die internasionalisme en vrede, maar weerspieël ook die sosialistiese oortuigings van die regerende party. Die "Zimbabwe-voël" is ontleen aan 'n afbeelding uit die bouvalle van die geskiedkundige stad Zimbabwe en dien tans as Zimbabwe se nasionale embleem. Klimaat[wysig] Zimbabwe lê in 'n tropiese klimaat en het gemiddelde temperature van 15.6 °C in die winter en 21.1 °C in die somer. Die gemiddelde reënval vir Zimbabwe is 890mm vir die hoëveld en 610 mm vir die middelveld. Geskiedenis van Zimbabwe[wysig] Die Ryk van Monomotapa[wysig] Die vroeë geskiedenis van die Koninkryk van Monomotapa (wat eintlik "Heer van die Myne" beteken) is onbekend; dit bestaan reeds sedert die Middeleeue. Naas die hoofstad Zimbabwe met sy ringmuur, tempel en tweeverdiepinghuise wat uit stene gebou word is daar honderde dorpe waarvan sommige ook 'n stadskarakter toon. Akkerbou, veeteelt en mynbou is die ekonomiese fondament van die ryk. Danksy die goudmynbou kan die koninkryk handel met Arabiere, Perse en Ethiopiërs dryf. Goud, ivoor en slawe word teen speserye, yster, sout en ander Oosterse ware geruil. Met die agteruitgang van die goudmynbou verswak die mag van die konings; 1607 moet hulle die myne aan die Portugese afstaan. 1629 word die koninkryk 'n vasalstaat van Portugal. Die Portugese begin ook koper, yster, lood en tin te ontgin en bedryf landbou op grootplase. Na die ondergang van die ryk in die 18de eeu word dit 1889-90 Britse koloniale besit en 1923 'n deel van Suid-Rhodesië. Rhodesië[wysig] Suid-Rhodesië, Noord-Rhodesië (die huidige Zambië) en Njassaland (die huidige Malawi) word in 1953 verenig as die Sentraal-Afrikaanse Federasie, wat tot 1963 bestaan. Die blanke regering van Suid-Rhodesië onder leiding van die Eerste Minister Ian Smith verklaar in 1965 die onafhanklikheid van die gebied, wat deur die Verenigde Koninkryk en die Verenigde Nasies nie erken word nie. Ten spyte van die instelling van politieke en ekonomiese sanksies kon Rhodesië sy onafhanklike status bewaar. In 1970 word Rhodesië 'n republiek. Die regering sluit in 1971 'n ooreenkoms met die Verenigde Koninkryk wat die erkenning van die onafhanklikheid en die invoering van 'n algemene stemreg ten doel het. Die Swart opposisie, wat veral deur die bevrydingsbewegings ZANU en ZAPU gevorm word, voer in die tydperk tussen 1973 en 1980 'n gewapende stryd teen die blanke regering. Alhoewel reeds in 1975 gesprekke oor 'n nuwe grondwet gevoer word en in 1979 'n Swart regering onder biskop Muzorewa gevorm word, vind eers in 1980 'n algemene verkiesing plaas. Zimbabwe word onder die leiding van die Eerste Minister Robert Mugabe onafhanklik. Zimbabwe[wysig] Robert Mugabe is tans die president. Die politieke situasie bly onstabiel. Die onderdrukking van die opposisiepartye, die onteiening van blanke boere en die sloping van krotbuurte en stadswyke, waar inwoners verdink word om aanhangers van die opposisie te wees, word in die buiteland met skerp kritiek bejeën. Terwyl die Suid-Afrikaanse regering die régime in Harare met lenings steun, word Zimbabwe deur die Amerikaanse regering onder die tirannieë van die wêreld gereken. Zimbabwe se inflasiekoers was in Julie 2007 met 4 500 % die hoogste ter wêreld. Ekonomie[wysig] Sien Ekonomie van Zimbabwe. Algerië | Angola | Benin | Botswana | Burkina Faso | Burundi | Comore-eilande | Demokratiese Republiek van die Kongo | Djiboeti | Egipte | Ekwatoriaal-Guinee | Eritrea | Ethiopië | Gaboen | Gambië | Ghana | Guinee | Guinee-Bissau | Ivoorkus | Kaap Verde | Kameroen | Kenia | Lesotho | Liberië | Libië | Madagaskar | Malawi | Mali | Marokko | Mauritanië | Mauritius | Mosambiek | Namibië | Niger | Nigerië | Republiek van die Kongo | Rwanda | São Tomé en Príncipe | Senegal | Sentraal-Afrikaanse Republiek | Seychelle | Sierra Leone | Soedan | Somalië | Suid-Afrika | Suid-Soedan | Swaziland | Tanzanië | Togo | Tsjad | Tunisië | Uganda | Zambië | Zimbabwe |Omstrede gebiede: Arabiese Demokratiese Republiek Sahara - Cabinda - Galmudug - Puntland - Somaliland| |Afhanklike gebiede: Brits: Sint Helena, Ascension en Tristan da Cunha | Frans: Mayotte - Réunion | Portugees: Madeiraeilande | Spaans: Kanariese Eilande - Ceuta en Melilla|
https://af.wikipedia.org/wiki/Zimbabwe
Black Sash Die Black Sash (in Afrikaans soms genoem die Swart Serp) is 'n organisasie van blanke vroue wat in 1955 begin het as die Women's Defence of the Constitution League, wat saam met onnder meer die Verenigde Party en Torch Commando die regerende Nasionale Party se pogings om die Kleurlingkiesers van die algemene kieserslys te verwyder, teengestaan het. Tans tree die organisasie op was waghond oor menseregte en is lidmaatskap natuurlik oopgestel aan alle rasse. Toe die wetgewing wel deur die Parlement aanvaar is in 1956, het die Black Sash sy aandag op ander onregverdige apartheidswette gerig. Landswye protesaksies en optogte is van stapel laat loop waartydens wit vroue swart lyfbande gedra het as 'n teken van roubeklaag oor die verlies van menseregte. Hoewel die soort protes voortgeduur het, is die Black Sash se belangrikste werk vanaf die dekade na 1960 gedoen deur sy advieskantore, wat slagoffers van die paswette en ander apartheidswetgewing gehelp het. Bronne[wysig] - Saunders, Christopher C. (raadgewende red.), An Illustrated Dictionary of South African History, Ibis Books and Editorial Services cc, Sandton, 1994.
http://af.wikipedia.org/wiki/Black_Sash
Kritiek van Reine Beredening Die Kritiek van Reine Bereding (Duits: Kritik der reinen Vernunft [1]) is Immanuel Kant se eerste Kritiek en verhandel oor die bewerkings en grense van die mens se verstand (Die ander twee Kritieke is die Kritiek van Praktiese Beredening (Duits: Kritik der praktischen Vernunft) aangaande etiek, en die Kritik van Beoordeling (Duits: Kritik der Urteilskraft) oor estetika en teleologie). In dié boek stel Kant transendentale ideëlisme voor om ons verhouding met die wêreld van ons ondervinding te beskryf. Om die projek kortwegs te beskryf: die wêreld soos dit vir ons verskyn is grotendeels 'n skepping van ons verstand (dus ideëlisme), waar die manier van voorstelling bepaal word deur katogorieë van verstand wat elke mens besit en deël (dus is dit transendentaal), maar die fenomeneme waarmee ons te doen het is reëlmatige voorstellings van die werklikheid. Kant se metafisika is dus 'n gemediëerde rieëlisme, omdat ons ondervindings die regte wêreld voorstel, maar in 'n manier waar die struktuur van ons verstand staan as 'n tussenganger wat die karakter van ondervinding bepaal. Die metodiek in die boek is hoofsaaklik waar Kant probeer sin maak van gewone stellings wat ons in 'n onderwerp-woorverp vorm maak, waarin hy die presiese verhouding tussen ons as die onderwerp en wat die voorwerp van ons ondersoeking is bepaal. Sy projek is om die status van wetenskap te verdedig teen die skeptisisme wat David Hume voorstel. Hume lewer indrukwekkende en invloedryke argumente wat wys dat verskeie basiese konsepte, soos kausaliteit en induksie, wat van ongelooflike belang is tot die wetenskap, problematies is om te regverdig. In kort, daar is niks in ondervinding wat kon tel as 'n ondervinding van veroorsaking nie. As mens sien hoe een ding 'n ander ding veroorsaak, sien mens net die een ding en die ander, en moet mens voorstel dat hul in 'n kausale verhouding teenoor mekaar staan. En natuurlik kan iets om iets voor te stel nie tel as 'n bewys vir daardie ding nie. As kausaliteit 'n sinnelose ideë is, dan is byna alle stellings in die wetenskap onsin. As wetenskaplike kennis en sy metodiek gerespekteer moet word, moet daar 'n verduideliking gegee word van waar ons kennis van kausale verhoudings vandaan kom. Kant sien 'n antwoord in wat hy glo 'n kompromie tussen empirisisme en rationalisme is. Vanuit die empirisisme neem hy 'n geloof in die waarde te vinde in direkte ondervinding en respek vir die wetenskaplike metode van eksperimentasie. Vanaf rationalisme erf hy 'n vertroue vir die moontlikheid vir sekerheid wat die gebruik van die verstand vir mens kan gee. In sy teorie stel Kant voor dat die gebruik van beredening sonder verwysing na ondervinding sal lui na illusies, en dat ondervinding alleen slegs subjektief kan wees totdat dit deur bereding gesuiwer word. Sy bekende stelling tot hierdie effek gaan: "begrippe sonder ondervinding is leeg, ondervinding sonder begrip is blind". Die bo-staande is 'n voorbeeld van die gemediëerde realisme waarvoor Kant redeneer, bedoelende dat hy glo dat ons ondervindinge handel oor die werklikheid, maar dat die manier hoe dit vir ons voorgestel word grotendeels afhang van hoe ons verstand ondervindings organiseer. Kant stel sy teorie voor deur te argumenteer vir sintetiese a priori waarhede, d.w.s. stellings wie se waarheid bepaal kan word sonder om te verwys na ondervinding (bv. mens bepaal nie dat alle eende voëls is deur na 'n groot hoeveelheid eende te kyk en te sien of hulle voëls is nie, om 'n voël te wees is doodeenvoudig net deel daarvan om 'n eend te wees) maar die stelling is 'n sintese van verskeie konsepte in 'n inliggewende manier. Kant gee die voorbeeld van wiskundige stellings wat inliggewend blyk maar waarvan die waarheid nie deur empiriese ondersoek bepaal word nie maar slegs deur beredening: Kant wil sê dat wiskundige stellings is inliggewend omdat hulle sinteses is van verskeie konsepte. Die manier hoe sulke konsepte saamgebring word in 'n interessante manier is deur die verstand se werkings: wiskunde, sowel as tyd, ruimte, kausaliteit en sekere ander konsepte, beskryf dus waarhede oor die mens se verstand maar nie oor die wêreld self nie. Die mens gebruik sulke sintetiese konsepte dan om sin te maak van die wêreld van ondervinding. Gevolglik is daar 'n baie skerp ondeskeiding in Kant tussen die wêreld van noumenon, die wêreld soos dit is in dit self, en phenomenon, die wêreld soos wat dit vir ons verskyn (sien noemeneem-fenomeneem onderskeiding). Volgens Kant is alle diep filosofiese vrae, soos is daar vrye wil? en bestaan God?, vrae aangaande noemeneme, en kan hulle nie beantwoord word om te verwys na enigiets in ondervinding nie: die antwoorde tot sulke vrae is altyd net spekulasie. Kant probeer tog sinvolle pogings maak om dié vrae te beantwoord. Omdat kausaliteit 'n eienskap is wat die mens se verstand in ondervinding in lees, sukkel Kant om sin te maak van vrye wil, omdat die ideë dat mense hul eie gedrag veroorsaak nie meer betekenisvol lyk nie, en dit dan blyk dat vrye wil, net soos kausaliteit self, 'n verklarende fiskie is om reëlmatighede van ondervinding te organiseer. So ook verwerp Kant tradisionele pogings om God se bestaan te bewys, op 'n mengsel van logiese en transendentale ideëlisties gronde — bv., die ontologiese bewys van God se bestaan word verwerp omdat dit staat maak op die logiese analiste van die stelling 'God bestaan', maar Kant dring aan dat 'bestaan' nie 'n predikaat is nie omdat, andersins as ander predikate soos 'is rooi' of 'is in Pretoria', die sinsdeel 'is werklik' geen inligting oor sy onderwerp gee nie: vergelyk 'die huis is rooi' of 'die huis is in Pretoria' met 'die huis is werklik' (as dit nogsteeds onoortuigend lyk, vergelyk 'die huis is rooi' met 'die huis is rooi en werklik'). Ten spyte van hierdie bekommernisse, wil Kant nogsteeds sê dat die mens vrye wil het en dat God bestaan, so hy probeer 'n saak maak daarvoor dat die noemenale karakter van ons verstand, ons verstand soos dit in ditself is, iets vry en self-bepalend is. Op hierdie beeld is God 'n suiwer en onbeperkte rationaliteit, en is ons rasionele en morele karakter direk tekomstig vanaf en afhanklik van God. Hy erken dat hierdie spekulasie is en nie bewysbaar is nie, maar dié teorie speel 'n sentrale rol in sy etiek.
http://af.wikipedia.org/wiki/Kritiek_van_Reine_Beredening
Expert's Reply A.CyberDoc Beste Lulu, Jou skildklier het te doen met jou metabolisme en as jou skildklier onder aktief is, is jy moeg, geswel, jou hare droog en yl, jou vel droog en jy kan gewig optel. Dit kan jou hart aantas en jou vergeetagtig maak, jy kan nie lekker konsentreer nie en sommige mense raak deurmekaar. As jy bekommerd is oor jou ma, kan jy haar vir 'n TSH toets vat by 'n dokter - dis 'n bloedtoets wat ons vir "screening" gebruik en is goedkoper as die hele tiroied funksie toets. The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.
http://www.health24.com/Experts/Question/onderaktiewe-skildklier-20051212
Anton Rupert |Anton Rupert| |Geboortenaam||Anthony Edward Rupert| |Gebore||4 Oktober 1916 Graaff-Reinet |Oorlede||18 Januarie 2006 Stellenbosch |Huweliksmaat||Huberte| Anthony Edward Rupert (4 Oktober 1916, Graaff-Reinet – 18 Januarie 2006, Stellenbosch) was 'n Afrikaanse entrepreneur van Suid-Afrika, sakeman en omgewingsbewaarder. Hy is gebore en het grootgeword op die dorp Graaff-Reinet in die Oos-Kaap. Hy studeer in Pretoria en trek later na Stellenbosch, waar die Rembrandt Groep gestig is en steeds sy hoofkwartier het. Hy sterf in sy slaap in sy huis in Thibaultstraat, Stellenbosch, in die ouderdom van 89, en word oorleef deur sy seun, Johann, dogter, Hanneli, en ses kleinkinders. In 2004, is hy vereer met die 28ste plek onder die Voorste 100 Groot Suid-Afrikaners. Sakeloopbaan[wysig] Nadat hy sy mediese studies gestaak het weens 'n gebrek aan geld, verwerf Rupert sy graad in chemie aan die Universiteit van Pretoria, waar hy ook ‘n kort ruk doseer. Hierna begin hy 'n droogskoonmakery. 'n Tyd hierna in die 1940's, met 'n aanvanklike belegging van 10 pond en saam met twee ander beleggers stig hy die tabakmaatskappy, Voorbrand. Aanvanklik word die sigarette in sy motorhuis vervaardig. Hy bou hierdie onderneming uit tot wat die tabak en industriële reus Rembrandt sou word. Rembrandt se buitelandse tabakbelange word gekonsolideer in die maatskappy Rothmans in 1972. Hy het die transformasie van Rembrandt wat verdeel het in Remgro ('n beleggingsmaatskappy met finansiële, mynbou en industriële belange) en Richemont ('n Switsers gebaseerde luukse artikel groep) bestuur. Richemont besit luukse handelsmerke soos Cartier, Alfred Dunhill, Sulka, Seeger, Piaget, Baume & Mercier, Vacheron Constantin en Montblanc. Hierdie besighede bestaan tans uit honderde maatskappye wat teenwoordig is in 35 lande op ses kontinente met 'n gekombineerde jaarlikse netto verkope in die omgewing van VSA $10 miljard. In 1995 het Rembrandt en Richemont hul tabakbelange gekonsolideer in Rothmans International, wat op daardie tydstip die wêreld se vierde grootste sigaretvervaardiger was. In 1999 het Rothmans International saamgesmelt met British American Tobacco (BAT), die wêreld se tweede grootste sigaretvervaardiger. Remgro het 'n 10% en Richemont 'n 18,6% aandeel in BAT. Rupert se oudste seun, Johann Rupert, is nou die uitvoerende hoofbestuurder van Richemont en voorsitter van Remgro. Die Rupert familie is ook betrokke by die Suid-Afrikaanse wyn- en drankindustrie. Hulle besit die L'Ormarins en La Motte wynlandgoedere en het 'n belang in Rupert & Rothschild Vignerons, die wynmaakvenootskap tussen die Rupert en Rothschild families (ten tye van die dood van Rupert se jongste seun Anthonij in 'n motorongeluk in 2001, was hy hoof van Rupert & Rothschild Vignerons.) Die Ruperts het ook gedeeltelike beheer van twee van Suid-Afrika se groot wynhandelshuise, Stellenbosch Farmers' Winery (SFW) en Distillers Corporation, wat tesame een uit elke ses bottels wyn in Suid-Afrika produseer en ongeveer tagtig persent van die land se brandewyn. Hierdie twee maatskappye het saamgemelt om Distel te vorm. Onder ander belange besit die Rupert Groep ook Suid-Afrika se tweede grootste kettinggroep van private hospitale, die Medi-Clinic Korporasie, met 3 900 beddens. Hy het ook 'n belangrike rol gespeel in die Suid-Afrikaanse Kleinsakeontwikkelingskorporasie, 'n nie-winsgewende maatskappy wat lenings aan klein en mediumgrootte maatskappye toegestaan het. Die organisaie is na 1994 omvorm na die huidige Business Partners organisasie. Alhoewel hy openlik krities was oor die apartheidstelsel gedurende daardie era, beide tuis en oorsee, het hy konfrontasie vermy wat sy besigheidsbelange kon skaad. Betrokkenheid by natuurbewaring en die gemeenskap[wysig] Rupert was ook nou betrokke in omgewingsbewaring en sy maatskappye was betrokke by die befondsing van die skone kunste. Sedert 1964 is stigtings tot stand gebring deur Rembrandt vir die bevordering van onderwys, kuns, musiek en die bewaring van historiese geboue. Rupert was 'n stigterslid van die WWF (World Wildlife Fund) en dit was in sy rol as die president van die organisasie se Suid-Afrikaanse tak dat hy die leiding geneem het in die stigting van oorgrensbewaringsgebiede (ook bekend as "vredesparke", soos die Groter Limpopo Oorgrenspark. Met 'n aanvangskenking van 1,2 miljoen Rand van die Rupert Natuurstigting, is die Peace Parks Foundation op 1 Februarie 1997 gestig ten einde die totstandkoming van oorgrens-bewaringsgebiede in Suider-Afrika te bevorder. Nelson Mandela, Prins Bernhard van Nederland en Anton Rupert was die stigtersbeskermhere van die Peace Parks Foundation. Verwysings[wysig] - Dommisse E., Esterhuyse W. Anton Rupert: 'n Lewensverhaal. Tafelberg UItgewers, 2009. ISBN: 9780624045953
http://af.wikipedia.org/wiki/Anton_Rupert
Daar sit die walglike ding. Groot en oranje. Alles rondom hom vervaag. Ek staar na hom, en hy staar na my. Groot en oranje. My hand beweeg versigtig nader. Ek het geen keuse nie. Stadig en huiwerig. Ek raak aan hom. My hand maak toe oor hom. Ek neem die mes in my ander hand en slag hom. Die twee helftes val uit mekaar. Vesels! Dis sag en vlesig, vet geswel met sap. Rillings trek deur my. Hoendervleis bedek my. Naarheid spoel oor my. Groot en oranje. Hugo, St 7 24 April 1996
http://www.thinktoomuch.net/2007/12/20/groot-en-oranje/
Weergawe: Aantal woorde: 82 Kere gelees: 3775 Datum gepubliseer: 24 Dec 2007 'n geseënde Kersfees! 'n Dag vol God's liefde! 'n Dag so spesiaal... Kersfees kom, en Kersfees gaan, maar tog bly dit spesiaal! Dis anders as enige ander dag, dis die herdenking van Jesus se geboorte, Sy verjaardag, so kom ons vier dit! Kom ons leef vir Hom! Jesus kinders, laat ons gelukkig wees, laat ons lag, en laat ons opnuut besef presies waaroor Kersfees gaan! Geseënd sal elkeen wees! Geseënd deur ons grote God! Amen Meeste gelees in die laaste 24uur (2014-04-16 03:00:00 - 2014-04-17 03:59:59 ) deur Elvina Sewentig gedigte wat ‘n buitengewone vrou se lewe beskryf. Sewentig boodskappe van lief en leed uit die pen van ‘n vrou wat op die harde manier geleer het om meer as die gewone teenslae van die lewe te hanteer, om sterker te word en uiteindelik om sterk te wéés – nie net vir haarself nie, maar ook vir die mense rondom haar.
http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/geseende-kersfees-1-1
Malta |Volkslied: L-Innu Malti The Maltese Hymn ("Die Maltese volkslied") |Hoofstad||Valletta |Grootste stad||Birkirkara| |Amptelike tale||Engels en Maltees| |Regering||Parlementêre republiek George Abela Marie Louise Coleiro Preca Lawrence Gonzi |Onafhanklikheid • Onafhanklikheid • Republiek |van die Verenigde Koninkryk 21 September 1964 13 Desember 1974 |Oppervlakte - Totaal - Water (%) 316 km2 (200ste) 121 myl2 0,001 |Bevolking - 2011-skatting - 2011-sensus - Digtheid 452 515[1] (171ste) 416 055[2] 1 562 / km2 (7de) 4 077 / myl2 |BBP (KKP) - Totaal - Per capita |2012-skatting |BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |2012-skatting |MOI (2013)||0,847[4] (32ste) – baie hoog| |Gini (2011)||27,4[5] – laag| |Geldeenheid||Euro (€) ( |Tydsone - Somertyd |MET (UTC+1) MEST (UTC+2) |Internet-TLD||.mt| |Skakelkode||+356| Malta, amptelik die Republiek van Malta (Maltees: Repubblika ta' Malta, Engels: Republic of Malta), is ʼn klein Suid-Europese eilandnasie sentraal geleë in die Middellandse See, 80 km suid van Sisilië, 284 km oos van Tunisië en 333 km noord van Libië, met Gibraltar 1 755 km na die weste en Alexandrië 1 508 km na die oostekant.[6] Malta beslaan net meer as 316 km² in landoppervlak, wat dit een van die wêreld se kleinste state maak.[7][8][9] Die Maltese argipel bestaan uit die eilande Malta, Gozo, Comino en verskeie klein onbewoonde eilande onder andere Cominotto en Filfla. Dit is ook een van die lande met die hoogste bevolkingsdigtheid ter wêreld. Malta se de facto hoofstad is Valletta en die grootste stad is Birkirkara. Die hoofeiland bestaan uit heelwat dorpe wat saam ʼn Groter stedelike gebied (GSG) vorm met ʼn totale bevolking van 368 250, volgens Eurostat.[10] Die land het twee amptelike tale, Maltees (grondwetlik die nasionale taal) en Engels. Regdeur die geskiedenis was Malta se unieke ligging van groot strategiese belang,[11] met die gevolg dat opeenvolgende ryke en moondhede oor die eilande geheers en regeer het. Dit sluit in die Fenisiërs, Grieke, Romeine, Arabiere, Normandiërs, Aragonese, Habsburg-Spanjaarde, Orde van Malta, die Franse en die Britte. In 1964 verkry Malta onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk en word in 1974 ʼn republiek. Malta behou lidmaatskap tot die Britse Statebond na onafhanklikheidswording. Malta tree in 1964 toe tot die Verenigde Nasies en in 2004 tot die Europese Unie. Malta is ook 'n ondertekende van die Schengen-ooreenkoms[12] en het in 2008 deel geword van die Eurozone. Malta het 'n lang Christelike geskiedenis en nalatenskap en is 'n Apostoliese bisdom. Volgens die Bybelboek Handelinge[13] het Paulus skipbreuk gelei op "Melite", soos die Grieke dit genoem het, en het daar 'n bediening gehad.[14] Die Rooms-Katolieke geloof is die amptelike geloof in Malta soos verklaar deur die Maltese grondwet.[15][16] Malta is wêreldwyd bekend as 'n toeristebestemming. Die eilande het talryke toeristebestemmings en historiese monumente, insluitend nege UNESCO Wêrelderfenisgebiede[17], onder andere die baie prominente Megalitiese tempels wat van die oudste losstaande strukture ter wêreld is.[18][19][20] Inhoud - 1 Etimologie - 2 Geskiedenis - 3 Politiek - 4 Geografie - 5 Ekonomie - 6 Demografie - 7 Kultuur - 8 Media - 9 Verwysings - 10 Eksterne skakels Etimologie[wysig] Die oorsprong van die term Malta is onduidelik. Die moderne variasie spruit uit die Maltese taal. Die mees algemene etimologie is dat die woord Malta afkomstig is van die Griekse woord μέλι (meli), "heuning".[21] Die Grieke het die eiland Μελίτη (Melitē) genoem wat "heuningsoet" beteken (ook die naam van 'n Nereïde[22]). Dit is heel moontlik as gevolg Malta se unieke heuningproduksie deur 'n endemiese byspesie en daarom ook Malta se populêre bynaam "land van heuning".[23] Die Romeine het voortgegaan en die eiland Melita[24] genoem wat die verlatynsing van die Griekse Μελίτη[25] is. Nog 'n teorie stel voor dat die woord Malta afkomstig is van die Fenisiese woord Maleth wat "toevlugsoord"[26] beteken verwysende na Malta se vele baaie en inhamme. Geskiedenis[wysig] Prehistoriese geskiedenis[wysig] Erdewerk deur argeoloë gevind by Skorba toon ooreenkomste met erdewerk in Italië gevind en dui daarop dat die Maltese eilande moontlik vir die eerste keer in 5200 v.C. bewoon is deur jagters en landbouers vanaf die groter eiland Sisilië, heel moontlik die Sikane. Die uitsterf van die dwergseekoei en dwerg-olifant word gekoppel aan die eerste aankoms van mense op Malta.[27] Prehistoriese boerdery nedersettings wat terugdateer na die vroeë Neolitiese tydperk is ontdek in oop gebiede en ook in grotte, soos Ghar Dalam.[28] Die Sikane, algemeen beskou as verwant aan die Iberiërs,[29][30] was die enigste stam sover bekend om die eiland op daardie tydstip[31] te bewoon. Die bevolking op Malta het graan verbou, met vee geboer en, in ooreenkoms met ander antieke Mediterreense kulture, 'n vrugbaarheidsfiguur aanbid. Die figuur word verteenwoordig in groot hoeveelhede Maltese prehistoriese artefakte en soortgelyke beeldjies, insluitend die Venus van Willendorf. Erdewerk van die Ghar Dalam-tydperk stem ooreen met erdewerk gevind in Agrigento, Sisilië. 'n Kultuur van megalitiese tempelbouers het ook in hierdie vroeë periode ontstaan of sy weg tot hier gevind. Gedurende 3500 v.C. het hierdie mense sommige van die wêreld se oudste vrystaande strukture gebou in die vorm van die megalitiese Ġgantija tempels op Gozo;[32] ander vroeëre tempels sluit die van Ħaġar Qim en Mnajdra in.[20][33][34] Die tempels het 'n kenmerkende argitektuur, tipies 'n komplekse drieblaarklawervormige ontwerp, en is gebruik vanaf 4000 tot 2500 v.C. Dierbeendere en 'n mes gevind agter 'n verwyderbare altaarsteen dui op moontlike tempelrituele wat dierofferandes ingesluit het. Voorlopige inligting dui daarop dat offerandes gebring is aan die godin van vrugbaarheid, wie se standbeeld nou staan in die Nasionale Museum van Argeologie in Valletta.[35] Hierdie kultuur het blykbaar vanaf die Maltese eilande verdwyn omstreeks 2500 v.C. Argeoloë spekuleer dat die tempelbouers slagoffers was van plae en siektes. Ander weer het gespekuleer oor die ooreenkoms tussen die gebeurtenis en Plato se weergawe van die verdwyning van Atlantis. 'n Ander interessante argeologiese kenmerk van die Maltese eilande, dikwels toegeskryf aan die antieke bouers, is ewewydige eenvormige groewe genoem wa spore of wa groewe. Dit kan op verskeie plekke regoor die eilande gevind word met die mees prominente in 'n area van Malta genaamd "Clapham junction". Hierdie verskynsels is moontlik veroorsaak deur die wegvreet van sagte kalksteen deur houtwiel waens.[36][37] Na 2500 v.C. het die Maltese eilande ontvolk en was dit onbewoon vir 'n hele paar dekades tot die koms van 'n nuwe instroming van bronstydperk immigrante. Dit was 'n kultuur wat hulle dooies veras het en kleiner megalitiese strukture genaamd doldems aan Malta bekend gestel het.[38] Grieke, Fenisiërs en Romeine[wysig] Rondom 700 v.C. vestig die Antieke Grieke hulle op Malta, meestal in en om die gebied waar Valletta nou is.[39] 'n Eeu later sluit Fenisiese handelaars[39] by die plaaslike bevolking op die eiland aan. Hulle het die eilande as 'n stop op hulle handelsroetes vanaf die oostelike Middellandse see na Cornwall gebruik.[40] Die Fenisiërs bewoon die gebied nou bekend as Mdina, asook die omliggende dorp Rabat wat hulle Maleth noem.[41] Die Romeine, wat ook in Mdina gebly het, het na Mdina (en die eiland) as Melita verwys.[24] Na die val van Fenisië in 400 v.C. kom die gebied onder die beheer van Kartago, 'n voormalige Fenisiese kolonie.[42] Gedurende hierdie tyd het die mense op Malta hoofsaaklik olywe en karob verbou, en tekstielware geproduseer.[42] Tydens die Eerste Puniese Oorlog om 264 v.C. veroorsaak spanning dat die Maltese teen Kartago rebelleer en beheer van hulle garnisoen oorgee aan die Romeinse konsul Sempronius.[24] Malta bly lojaal aan Rome tydens die Tweede Puniese Oorlog en die Romeine beloon hulle met die titel van Foederata Civitas, 'n benoeming wat beteken dat hulle vrygestel is van die betaling van skatting of die heerskappy van die Romeinse reg, alhoewel Malta in hierdie tydstip onder die jurisdiksie van die provinsie van Sisilië val.[24] Teen 117 n.C. was die Maltese eilande 'n vooruitstrewende deel van die Romeinse Ryk en word bevorder tot die status van Municipium onder Hadrianus.[24] Katakombes in Rabat getuig van 'n vroeë Christelike gemeenskap op die eilande en Handelinge vertel van Paulus wat daar skipbreuk ly en van sy bediening op die eiland. Met die verdeling van die Romeinse Ryk in oos en wes in die 4de eeu, word Malta onder beheer van die Griekssprekende Bisantynse Ryk 395-870[39] geplaas, wat vanuit Konstantinopel regeer het.[43] Hoewel Malta onder Bisantynse heerskappy was vir vier eeue, is nie veel uit hierdie tydperk bekend nie. Daar is bewyse dat Germaanse stamme, insluitend die Gote en Vandale, kortstondig beheer oor die eilande gehad het alvorens die Bisantyne met 'n teenaanval begin het en Malta herower het.[43] Die Arabiese tydperk en die Middeleeue[wysig] In 870 n.C. word Malta ingesleep by die Arabies-Bisantynse oorloë. Die verowering van Malta word gekoppel aan die van Sisilië nadat Admiraal Eufemius sy mede-Bisantyne verraai het deur die Aghlabid-dinastie te versoek om die eiland binne te val.[44] Die Arabiese kroniekskrywer en geograaf al-Himyari vertel dat in 870 n.C. na 'n geweldadige stryd in Malta teen die Bisantynse besettingsmagte, die Arabiese invallers, eers gelei deur Halaf al-Hadim, en later deur Sawada ibn Muhammad, die eiland gestroop en geplunder het, die belangrikste geboue vernietig het en vir alle praktiese doeleindes onbewoond gelaat het. Dit was later weer gekoloniseer deur Arabiere vanaf Sisilië in 1048-1049 n.C. Daar heers onsekerheid of die nuwe nedersetting die gevolg van demografiese uitbreiding in Sisilië was, toegeskryf aan hoër lewenstandaarde (in welke geval die kolonisering dan 'n paar dekades vroeër plaasgevind het), of as gevolg van burgeroorlog onder die Arabiese heersers wat in 1038 n.C. in Sisilië uitgebreek het nie.[45] Die plaaslike Christene is geloofsvryheid gegun. Hulle moes egter jizya betaal, 'n vorm van belasting vir nie-Moslems. Hulle was gevolglik vrygestel van Zakaat, die belasting wat deur Moslems betaal moes word.[47] Die Normandiërs, as deel van hulle verowering van Sisilië in 1091 n.C., verdryf al die More uit die suide van Italië. Die Normandiese leier Rogier I van Sisilië is verwelkom deur die plaaslike Christene.[24] Graaf Rogier I, volgens die plaaslike mite, het uit dankbaarheid vir die Maltese se lojaliteit tydens sy veroweringstogte, 'n deel van sy rooi en wit banier afgeskeer en as geskenk oorhandig. Dit is volgens die mite die basis vir die moderne Maltese vlag.[24][48] Die Normandiese tydperk was produktief; Malta het deel geword van die nuutgevonde Koninkryk van Sisilië, wat buiten Sisilië en Malta ook die suidelike helfte van die Italiaanse skiereiland ingesluit het.[24] Die Rooms-Katolieke geloof is weer ingestel as staatsgodsdiens met Malta nou onder die bisdom van Palermo. Normandiese argitektuur maak ook plek-plek 'n verskyning, veral in die antieke hoofstad van Mdina.[24] Tancred van Lecce (Tancred van Sisilië), die laaste Normandiese monarg, omskep Malta in 'n leenheerskap of feudale grondeiendom binne die koninkryk en stel 'n Graaf van Malta aan. Weens die eilande se strategiese belang en ligging was besetting deur ander moonthede altyd 'n moontlikheid. Gedurende die tyd is die mans van Malta almal gemilitariseer om potensiële invalle af te weer. Die eerste grawe was almal bekwame Genuese kaapvaarders.[24] Die koninkryk kom onder beheer van die Huis van Hohenstaufen vanaf 1194 tot 1266 n.C. Gedurende die tydperk, waartydens Frederik II van Hohenstaufen begin het om sy Sisiliaanse koninkryk te herorganiseer, het die westerse kultuur en godsdiens steeds meer begin geld.[48] Malta was deel van die Heilige Romeinse Ryk van die Duitse nasie vir 72 jaar. Malta was tot 'n graafskap en markisaat verklaar maar handel was totaal geruïneer. Die eilande was vir 'n baie lang tydperk slegs 'n gefortifiseerde garnisoen.[49] In 1224 onder Frederik II word al die oorblywende Moslems (wat nie More was nie) van die eiland verban[50] of gedwing om tot die Rooms-Katolieke geloof te bekeer.[51][52][24] Die totale manlike bevolking van Celano in Abruzzo is na Malta gedeporteer.[24] Vir 'n kort periode val die koninkryk onder die heerskappy van die Huis van Capet-Anjou. Hoë belasting maak die vorstehuis ongewild, deels ook te wyte aan Karel van Anjou se oorlog teen die Republiek van Genoa en die eiland Gozo wat in 1275 geplunder is.[24] 'n Groot opstand op Sisilië, bekend as die Sisiliaanse Vespers, volg op die gevegte met die uiteinde dat die skiereiland afstig as die Koninkryk van Napels. In 1282 kom Malta onder heerskappy van die Aragonese.[53] Familielede van die konings van Aragon regeer op die eiland tot 1409 waarna heerskappy oorgegee is aan die Kroon van Aragon. In die begin van die Aragonese troonsuksessie het die seuns van die monargie die titel "Graaf van Malta" ontvang. Dit is gedurende die tydperk dat meeste van die plaaslike adelstand tot stand gekom het. Teen 1397 val die dra van die titel "Graaf van Malta" terug na 'n feodale vlak wat 'n struweling tussen twee families tot gevolg het. Dit veroorsaak groot konflik. Die gevolg is dat die koning die titel herroep. Twis rondom die titel breek weer uit 'n paar jaar later met die herinstel daarvan. Die Maltese, gelei deur die plaaslike adelstand, kom in opstand teen Graaf Gonsalvo Monroy.[24] Alhoewel hulle die Graaf teen gestaan het, het die Maltese hulle lojaliteit teenoor die Sisiliaanse kroon duidelik te kenne gegee. Dit het Alfons IV so beïndruk dat hy nie die mense vir die opstand gestraf het nie maar belowe het om nooit weer die titel aan 'n derde party toe te ken nie. In plaas daarvan, is dit terug in die kroon geïnkorporeer. Die titel van Città Notabile is aan die stad Mdina toegeken na aanleiding hiervan.[24] Ridders van Malta en Napoleon[wysig] In 1530 oorhandig Keiser Karel V die eilande, in 'n ewigdurende huurkontrak, aan die Hospitaalridders, op daardie stadium onder die leierskap van die Fransman Philippe de Villiers de L'Isle-Adam, Grootmeester van die Orde. Hierdie ridders, 'n militêr-godsdienstige ridderorde deesdae beter bekend as die Orde van Malta, was van die Griekse eiland Rhodos verdryf deur die Ottomaanse Ryk in 1522. In 1551, word die ganse bevolking van die Maltese eiland Gozo, ongeveer 5 000, deur Barbaryse kaapvaarders gevange geneem as slawe en gedeporteer na die Barbaryse kus. Die ridders, gelei deur Fransman Jean Parisot de la Valette, Grootmeester van die Orde, weerstaan 'n oorweldigende beleg deur die Ottomane in 1565. Die ridders, met die hulp van die Maltese, seëvier aan die einde van die dag. Voltaire het oor die beleg gesê: "Niks is beter bekend as die beleg van Malta nie."[54] Na die beleg besluit die Orde om Malta se fortifiserings te verbeter, veral in die binne-hawe, waar die nuwe stad Valletta, so genoem ter ere aan Valette, gebou is. Hulle rig ook wagtorings langs die kus op - die Wignacourt , Lascaris en de Redin torings - vernoem na die Grootmeesters wat dit laat bou het. Tydens die Ridders se heerskappy op die eiland het talle argitektoniese en kulturele projekte die lig gesien, onder andere die versiering van Città Vittoriosa , die oprig van nuwe stede, insluitende Città Rohan en Città Hompesch en die bekendstelling van nuwe akademiese en sosiale hulpbronne. Ongeveer 11 000 mense uit 'n totale bevolking van 60 000 kom om in 'n plaag in 1675.[55] Die Ridders se bewind kom tot ʼn einde met Napoleon se verowering van Malta, op pad na Egipte, tydens die Franse Revolusionêre Oorloë in 1798. Die invloed van die Ridders het verwater deur die jare en die Orde het in onguns verval. Dit was rondom die tyd van die beliggaming van die universele waardes van burgerlike vryheid aangevuur deur die Franse Rewolusie. Mense van beide binne en buite die Orde het 'n beroep op Napoléon Bonaparte gedoen om die Ridders te verdryf. Napoleon het nie geweifel nie en sy vloot het in 1798, op pad na sy Egiptiese ekspedisie, daar aangeland. Hy het die Ridders gefnuik deur die goed bewaakte hawe van Valletta in te vaar onder die voorwendsel van voorrade aanvul. Met veilige toegang verseker rig hy sy wapens op die eiland, Grootmeester Hompesch kapituleer, en Napoleon betree Malta. Gedurende sy kort verblyf van ses dae voltooi Napoleon 'n hele paar hervormings. Die belangrikste hiervan is die instel van 'n nuwe administrasie met 'n Regeringskommissie, die oprig van twaalf munisipaliteite, die skep van 'n openbare finansiële administrasie, die afskaffing van alle feodale regte en voorregte, die opheffing van slawerny en die vrymaak van alle Turkse slawe. Op die geregtelike terrein is 'n familiekode opgestel en twaalf regters is genomineer. Openbare onderwys is gestruktureer volgens riglyne neergelê deur Napoleon self, dit het voorsiening gemaak vir primêre en sekondêre onderwys. Vyftien laerskole is opgerig en die universiteit is vervang deur 'n "Ecole Centrale" met agt voorsitterstoele, almal met ʼn redelik wetenskaplik uitkyk: by name, rekenkunde en meetkunde, algebra en stereotomie, geometrie en astronomie, meganika en fisika, navigasie, chemie, ens. Hierna, met 'n aansienlike garnisoen wat hy agterlaat, vertrek hy na Egipte. Die agtergeblewe Franse magte het ongewild geraak onder die Maltese, veral om hulle vyandigheid teenoor Rooms-Katolisisme en die plundering van plaaslike kerke om Napoleon se oorlog te finansier. Die Franse finansiële en godsdienstige beleid vuur die Maltese aan tot rebellie en die Franse word gedwing om terug te val tot binne die stadsvestings. Groot-Brittanje, tesame met die Koninkryk van Napels en die Koninkryk van Sisilië, verleen ammunisie en bystand aan die Maltese. Brittanje stuur ook haar vloot om die eilande te beleër. Generaal Claude-Henri Belgrand de Vaubois en sy Franse magte gee in 1800 oor. Maltese leiers bied daarna die eiland vir Sir Alexander Ball aan en vra dat die eiland onder Britse gesag kom. Die Maltese stel ʼn Verklaring van Regte op waarin hulle instem om te ressorteer "onder die beskerming en die soewereiniteit van die Koning van die vrye mense, Sy Majesteit die Koning van die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Ierland". Die verklaring meld ook dat "sy Majesteit het geen reg om hierdie eilande te sedeer aan enige moondheid nie... as hy kies om sy beskerming terug te trek en om sy soewereiniteit op te gee, die reg vir die kies van 'n ander soewereiniteit, of van die regeer van hierdie eilande, aan ons behoort, die inwoners en inboorlinge alleen, en sonder beheer."[56] Die Britse Ryk en die Tweede Wêreldoorlog[wysig] As deel van die Verdrag van Parys in 1814 word Malta amptelik 'n deel van die Britse Ryk. Die Britte gebruik Malta as halfwegstasie en vloothoofkwartier. Malta se ligging halfpad tussen die Straat van Gibraltar en die Suezkanaal blyk sy grootste bate wees gedurende die jare en die eilande is ook gesien as 'n belangrike stop op die roete na Indië. Dit was 'n belangrike handelsroete vir die Britte en die Maltese het groot voordeel uit hierdie vennootskap getrek. Verskeie nuwe kulinêre en botaniese produkte word hierdeur bekend gestel in Malta; ʼn paar voorbeelde (volgens die Nasionale Boek van Handelsbetrekkinge gevind in die Nasionale Biblioteek) sluit die bekendstelling van koring (vir brood) en spek in. In 1919 vuur Britse troepe skote af op protesoptoggangers, gekant teen nuwe belasting, en vier Maltese mans kom om. Die gebeurtenis, bekend as Sette giugno (Italiaans vir 7 Junie), word sedertdien elke jaar herdenk en is een van vyf nasionale dae.[verwysing benodig] In die vroeë 1930's het die Britse Middellandse See-Vloot, op daardie tydstip die grootste bydraers tot handel op die eiland, na Alexandrië verskuif. Die skuif is die gevolg van ekonomiese maatreëls en om buite reikafstand te wees van Italiaanse bomwerpers.[verwysing benodig] Tydens die Tweede Wêreldoorlog speel Malta 'n belangrike rol weens sy nabyheid aan die Spilmoondhede se skeepsroetes. Die Maltese se dapperheid gedurende die Tweede Beleg van Malta het Koning George VI geroer om die George-kruis kollektief op 15 April 1942 aan Malta te oorhandig, om "te getuig van die heldemoed en toewyding wat lank onthou sal word deur die geskiedenis". Sommige historici is van mening dat die toekenning tot gevolg gehad het dat Brittanje buitensporige verliese gely het ter verdediging van Malta. Britse geloofwaardigheid sou daaronder gely het as Malta oorgegee het, soos in Singapoer se geval.[57] 'n Replika van die George-kruis verskyn nou in die skildhoek van die Maltese vlag. Die gesamentlike toekenning bly enig in sy soort tot en met April 1999, toe die Koninklike Ulster Polisiemag die tweede, en tot op datum, die enigste ander ontvanger van 'n kollektiewe George-kruis geword het.[58] Onafhanklikheid en Republiekwording[wysig] Malta verkry onafhanklikheid op 21 September 1964 (Onafhanklikheidsdag) na intense onderhandelinge met die Verenigde Koninkryk. Dit is gelei deur die Maltese premier George Borg Olivier. Onder die 1964 grondwet, behou Malta aanvanklik Koningin Elizabeth II as die Koningin van Malta en dus as Staatshoof, met 'n Goewerneur-generaal as uitvoerende gesag namens haar. In 1971 wen die Maltese Arbeidersparty, onder leiding van Dom Mintoff, die algemene verkiesing. Dit lei tot republiekwording binne die Statebond op 13 Desember 1974 (Republiekdag), met die President as staatshoof. 'n Verdedigingsooreenkoms wat onderteken is kort na onafhanklikheid (en weer in 1972) het op 31 Maart 1979 verstryk. Malta neem 'n neutrale internasionale beleid aan in 1980. In 1989 speel Malta gasheer vir 'n spitsberaad tussen die Amerikaanse president George HW Bush en die Sowjet-leier Michail Gorbatsjof, hul eerste ontmoeting van aangesig tot aangesig, die wegspringpunt vir die latere einde van die Koue Oorlog. Op 16 Julie 1990 doen Malta, deur middel van sy minister van buitelandse sake, Guido de Marco, aansoek om aansluiting by die Europese Unie. Na moeilike onderhandelinge is 'n referendum gehou op 8 Maart 2003 wat uitgeloop het op 'n gunstige uitslag. Die algemene verkiesing gehou op 12 April 2003, het 'n duidelike mandaat aan Eerste Minister Eddie Fenech Adami gegee om die Verdrag van toetreding tot die Europese Unie te teken op 16 April 2003 te Athene, Griekeland. Politiek[wysig] Malta is 'n republiek[61] met ʼn parlementêre stelsel en openbare administrasie wat nou gebaseer is op die Westminster-stelsel. Die land het die tweede hoogste stempersentasie in die wêreld gehad (en die hoogste vir die nasies sonder verpligte stemmery), gebaseer op die opkoms in die nasionale laerhuisverkiesings 1960-1995.[62] Die eenkamerparlement se Kamer van Verteenwoordigers, (Maltees: Kamra tad-Deputati), word deur direkte algemene verkiesings verkies met 'n enkele oordraagbare stem elke vyf jaar, tensy die Parlement vroeër ontbind word deur die President onder advies van die Eerste Minister. Die Huis van Verteenwoordigers bestaan uit 69 Lede van die Parlement. Waar 'n party egter wen met 'n volstrekte meerderheid van stemme, maar nie 'n meerderheid van die setels verkry nie, word daardie party bykomende sitplekke gegee om 'n parlementêre meerderheid te verseker. Die Grondwet van Malta bepaal dat die President die Lid van die Huis wat die beste in staat is om 'n (regerende) meerderheid in die Parlement te lei, as Eerste Minister aanstel. Die President van Malta word aangestel vir 'n termyn van vyf jaar deur 'n resolusie van die Huis van Verteenwoordigers, aangeneem deur 'n blote meerderheid. Die rol van die President as staatshoof is grootliks seremonieel. Die belangrikste politieke partye is die Nasionale Party, wat 'n Christen-demokratiese party is, en die Arbeidersparty, wat 'n sosiaal-demokratiese party is. Die Nasionale Party is tans aan die stuur van sake onder leiding van die Eerste Minister Lawrence Gonzi. Die Arbeidersparty, met Joseph Muscat as leier, dien as opposisie. Daar is 'n aantal kleiner politieke partye in Malta wat tans geen parlementêre verteenwoordiging geniet nie. Tot met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog was Maltese politiek oorheers deur taalkwessies uitgebaklei deur Italiaans- en Engelsgesinde partye.[63] Naoorlogse politiek moes grondwetlike kwessies rondom betrekkinge met Brittanje hanteer (eerstens met integrasie en daarna onafhanklikheid) en op die ou einde betrekkings met die Europese Unie. Administratiewe afdelings[wysig] Malta beoefen 'n stelsel van plaaslike regering sedert 1993, gebaseer is op die Europese Handves van Plaaslike Self-regering. Daar is op die oomblik 68 plaaslike rade (54 in Malta en 14 in Gozo). Sestien "dorpe", wat deel vorm van groter rade, het hul eie Administratiewe Komitee. Daar is geen intermediêre vlakke tussen die plaaslike regering en die nasionale regering nie, en die vlakke van die ses distrikte (vyf op die hoofeiland) en van die drie streke (twee op die hoofeiland) dien hoofsaaklik statistiese doeleindes. Elke raad is saamgestel uit 'n sekere aantal raadslede (5-11, afhangende en relatief tot die bevolking wat hulle verteenwoordig). 'n Burgemeester en 'n onderburgemeester word verkies deur en uit die Raadslede. Die Uitvoerende Sekretaris, wat deur die raad aangestel word, is die uitvoerende, administratiewe en finansiële hoof van die raad. Raadslede word elke vier jaar verkies deur 'n enkele oordraagbare stem. Mense wat in aanmerking kom om te stem in die verkiesing van die Maltese Kamer van Verteenwoordigers, sowel as inwonende burgers van die EU, is stemgeregtig. As gevolg van onlangse hervormings van die stelsel, sal geen verkiesings gehou word voor 2012 nie, waarna verkiesings elke twee jaar afwisselend gehou sal word helfte-helfte tussen die rade. Plaaslike rade is verantwoordelik vir die algemene instandhouding en verfraaiing van die omgewing (insluitend herstelwerk aan sekondêre paaie), aanwys van plaaslike opsigters en vullisverwydering. Hulle voer ook algemene administratiewe pligte uit vir die sentrale regering soos die invordering van staatshuur en -fondse en die antwoord van regeringsverwante openbare navrae. Weermag[wysig] Die doelwit van die Gewapende Magte van Malta is om 'n militêre organisasie in stand te hou met as primêre mikpunt die verdediging van die eilande se integriteit. Dit moet uitgevoer word volgens die verdedigingsrolle, soos deur die regering uiteengesit, in 'n doeltreffende en koste-effektiewe wyse. Die doelwitte word bereik deur klem te lê op die handhawing van die integriteit van Malta se gebiedswaters en lugruim. Die weermag van Malta is verder betrokke in die stryd teen terrorisme en onwettige dwelmhandel. Hulle voer ook teenonwettige immigrant- en teenonwettige visserybedrywighede uit, asook soek-en-reddingsoperasies en fisiese/elektroniese sekuriteit/waarneming van sensitiewe gebiede. Malta se soek-en-reddingstreke strek vanaf die ooste van Tunisië tot die weste van Kreta met 'n oppervlakte van ongeveer 250 000 km². As militêre organisasie bied die weermag rugsteunondersteuning aan die Maltese Polisiemag en ander staatsdepartemente/agentskappe. Die ondersteuning vind plaas in 'n georganiseerde, gedissiplineerde wyse in die geval van die nasionale noodgevalle (soos natuurrampe) of interne veiligheid en bomopruiming soos vereis. Op 'n ander vlak stel en/of konsolideer die weermag bilaterale samewerking met ander lande op, om hoër operasionele doeltreffendheid te bereik met betrekking tot die weermag se rolle. Geografie[wysig] Malta is 'n argipel in die sentrale Middellandse See (in die oostelike kom), omtrent 80 km suid van die Italiaanse eiland Sisilië, aan die oorkant van die Malta-kanaal. Slegs die drie grootste eilande, Malta, Gozo (Għawdex), en Comino (Kemmuna) word bewoon. Die kleiner eilande (hieronder gelys) is onbewoon. Die argipel lê op die Malta-plato, 'n vlak plat gevorm deur die hoë punte van 'n landbrug tussen Sisilië en Noord-Afrika, wat geïsoleer geraak het met die styging in seevlak na die laaste Ystydperk.[64] Die argipel is dus geleë in die gebied tussen die Eurasiese en Afrikaanse tektoniese plate.[65][66] Talle baaie langs die getande kuslyn van die eilande leen hulself uit tot hawens. Die landskap bestaan uit lae heuwels met terrasvormige veld. Die hoogste punt op Malta is Ta 'Dmejrek (253 m) naby Dingli. Alhoewel 'n paar klein riviere vloei in tye van hoë reënval, is daar geen permanente riviere of mere op Malta nie. 'n Paar varswaterlope vloei egter die hele jaar deur by Baħrija, l-Imtaħleb en San Martin, en ook in die Lunzjata-vallei op Gozo. Fitogeografies behoort Malta aan die Liguro-Tirreen provinsie van die Middellandse See-streek van die Boreaal koninkryk. Volgens die WWF, behoort die grondgebied van Malta aan die "Mediterreense woude, bos- en struikvelde" ekostreek.[67] Die klein eilande wat deel vorm van die argipel is onbewoond en sluit die volgende in: Klimaat[wysig] Malta het 'n Subtropiese – Mediterreense klimaat (Köppen klimaat klassifikasie Csa),[15][68] met matige winters en warm tot baie warm somers. Reën kom hoofsaaklik in die winter voor, met die somer oor die algemeen droog. Die gemiddelde jaarlikse temperatuur is 22-23 °C bedags en 15 °C snags. In die koudste maand – Januarie – wissel die temperatuur tussen 12 en 20 °C bedags en tussen 7 en 12 °C snags. In die warmste maand – Augustus – wissel temperature tussen 28 en 34 °C bedags en tussen 19 en 24 °C snags. Gemiddeld duur die somer/vakansie seisoen ongeveer 8 maande, beginnende rondom middel-April met temperature van 19-23 °C bedags en 14-14 °C snags en eindig in November met temperature van 17-23 °C bedags en 11-20 °C snags. Soms word ook temperature van 20 °C in die oorblywende 4 maande bereik. Onder al die hoofstede op die vasteland van Europa, het Valletta, die hoofstad van Malta, die warmste winters, met gemiddelde temperature van 15-16 °C bedags en 9-10 °C snags in die Januarie-Februarie periode. In Maart en Desember is gemiddelde temperature rondom 17 °C bedags en 11 °C snags.[69] Groot skommelings in temperatuur is raar. Malta is ook een van die min plekke in Europa wat "groen" is regdeur die jaar. Gemiddelde jaarlikse seetemperature is 20 °C (hoogste in die Europese-kontinent), van 16 °C in Januarie tot 26 °C in Augustus. In die 6 maande – van Junie tot November – oorskry gemiddelde seetemperature 21 °C.[70] Die aantal ure sonskyn beloop ongeveer 3000 per jaar (van die hoogste in Europa), met 'n gemiddeld van bo vyf ure sonskyn per dag in Desember tot bo 12 ure in Julie.[71] Dit is omtrent dubbel dié van die stede in die noordelike helfte van Europa: Londen met net 1461 ure.[72] In die winter is dit tot 'n paar keer meer: Londen het 37 ure[72] terwyl Malta 155 tot 164 (afhangende van die bronne) ure van sonskyn het in Desember. |Weerbesonderhede van Malta (Malta Internasionale Lughawe in Luqa, in die sentrale deel van die eiland)| |Maand||Jan||Feb||Mrt||Apr||Mei||Jun||Jul||Aug||Sep||Okt||Nov||Des||Jaar| |Rekord hoog °C (°F)||22.2 (72) |23.3 (74) |26.2 (79) |30.7 (87) |33.9 (93) |39.5 (103) |42.7 (109) |39.8 (104) |37.4 (99) |33.6 (92) |27.1 (81) |24.3 (76) |42,7 (109) |Hoogste gemiddelde °C (°F)||15.2 (59) |15.5 (60) |16.7 (62) |19.1 (66) |23.3 (74) |27.5 (82) |30.7 (87) |30.7 (87) |28.0 (82) |24.2 (76) |20.1 (68) |16.7 (62) |22,3 (72) |Daaglikse gemiddelde °C (°F)||12.2 (54) |12.4 (54) |13.4 (56) |15.5 (60) |19.1 (66) |23.0 (73) |25.9 (79) |26.3 (79) |24.1 (75) |20.7 (69) |17.0 (63) |13.9 (57) |18,6 (65) |Laagste gemiddelde °C (°F)||9.2 (49) |9.3 (49) |10.1 (50) |11.9 (53) |14.9 (59) |18.4 (65) |21.0 (70) |21.8 (71) |20.1 (68) |17.1 (63) |13.9 (57) |11.0 (52) |14,9 (59) |Rekord laagste °C (°F)||1.4 (35) |1.9 (35) |2.4 (36) |6.5 (44) |8.0 (46) |12.6 (55) |15.5 (60) |15.9 (61) |13.2 (56) |8.0 (46) |5.9 (43) |3.6 (38) |1,4 (35) |Reënval mm (duim)||89.0 (3.5) |61.3 (2.41) |40.9 (1.61) |22.5 (0.89) |3.2 (0.13) |0.4 (0.02) |7.0 (0.28) |40.4 (1.59) |89.7 (3.53) |80.0 (3.15) |112.3 (4.42) |553,3 (21,78) |% Humiditeit||79||79||79||77||74||71||69||73||77||78||77||79||76| |Bron: Wêreld Meteorologiese Organisasie (VN),[73]| |Bron #2: NOAA,[71] Augustus 2010| Ekonomie[wysig] Malta word, volgens die Internasionale Monetêre Fonds (IMF), geklassifiseer as 'n gevorderde ekonomie saam met 32 ander lande.[74] Tot en met 1800 was Malta afhanklik van katoen, tabak en sy skeepswerwe vir uitvoere. Gedurende die tydperk onder Britse beheer, maak hulle staat op die skeepswerf se ondersteuning van die Britse vloot, veral tydens die Krimoorlog in 1854. Vakmanne en almal wat in die weermag gedien het baat geweldig by die militêre basis. In 1869 gee die opening van die Suez-kanaal Malta se ekonomie 'n groot hupstoot. Daar was 'n massiewe toename in haweverkeer. Skepe wat gestop het by Malta se dokke vir brandstofaanvulling het bygedra tot die Entrepothandel, wat bykomende voordele vir die eiland gebring het. Aan die einde van die 19de eeu het die ekonomie egter begin kwyn, en teen die 1940's was Malta se ekonomie in 'n ernstige krisis. Een faktor was die beter reikafstand van nuwe skepe wat minder gereelde brandstofaanvullings benodig het. Tans is Malta se belangrikste hulpbronne kalksteen, 'n gunstige geografiese ligging en 'n produktiewe arbeidsmag. Malta produseer net sowat 20% van sy voedsel, het beperkte varswater-voorrade en het geen binnelandse energiebronne nie. Die ekonomie is afhanklik van buitelandse handel (as 'n vragoorlaaipunt), vervaardiging (veral elektronika en tekstiel) en toerisme. Die filmbedryf is 'n groeiende bydraer tot die Maltese ekonomie, met 'n paar groot buitelandse films wat elke jaar in Malta verfilm word. Die land het ook uitvoere van ander vorme van dienste verhoog, soos finansiële- en bankdienste. Die regering belê geweldig baie in die onderwys, insluitend kolleges. As deel van voorbereidings vir Malta se lidmaatskap tot die Europese Unie (aangesluit op 1 Mei 2004) is sommige staatsbeheerde maatskappye geprivatiseer en markte geliberaliseer. Die regering het byvoorbeeld op 8 Januarie 2007 aangekondig dat hy sy belang van 40% in MaltaPost verkoop, ten einde 'n privatiseringsproses van die afgelope vyf jaar af te handel. In 2010 het Malta dit reggekry om telekommunikasie, posdienste, skeepswerwe en skeepsbouery te privatiseer. Malta het belangrike en wesenlike stappe gedoen om homself te vestig as 'n globale rolspeler in die oorgrensfonds administrasiebedryf. Malta se 'n unieke kombinasie van meertalige werknemers en 'n sterk Anglo-Saksiese regstelsel laat hulle toe om sterk mee te ding met lande soos Ierland en Luxemburg. Die land het 'n gemengde reputasie rondom deursigtigheid en 'n DAW-indeks telling van 6, maar beide aspekte behoort na verwagting te verbeter, aangesien Malta toenemend 'n meer omvattende wetgewende raamwerk vir finansiële dienste aanneem.[195] Malta se reguleerder, die MFSA, is sterk ingestel op besigheidsontwikkeling. Die land is suksesvol met die lok van dobbelbedrywe, vliegtuig- en skeepsregistrasie, kredietkaart-uitreikende banklisensies en ook fondsadministrasie. Diensverskaffers rondom hierdie bedrywe, met inbegrip van fidusiêre en trustee bedrywe, is 'n kernaspek van die groeistrategie van die eiland. Malta en Tunisië is tans besig met besprekings rondom die kommersiële ontginning van die vastelandsplaat geleë tussen hulle, veral vir petroleum eksplorasie. Soortgelyke samesprekings word ook tussen Malta en Libië gehou vir dieselfde doeleindes. Malta vorder nie eiendomsbelasting in nie. Volgens Eurostat-data staan die Maltese PPS BBP per capita, in 2008, op 76 persent van die EU-gemiddeld.[75] Bankwese en finansies[wysig] Die twee grootste kommersiële banke, Bank van Valletta en HSBC Bank Malta, kan beide hulle oorsprong terugneem na die 19de eeu. Malta is een van die wêreld se finansiële sentra.[76] Die Sentrale Bank van Malta (Bank Ċentrali ta' Malta) het twee belangrike areas van verantwoordelikheid: die formulering en implementering van monetêre beleid en die bevordering van 'n gesonde en doeltreffende finansiële stelsel. Dit is vasgelê op 17 April 1968 deur die Sentrale Bank van Malta Wet. Die Maltese regering betree die ERM-II op 4 Mei 2005, en neem die euro as die land se geldeenheid aan op 1 Januarie 2008.[77] Vervoer[wysig] Verkeer in Malta beweeg aan die linkerkant soos in die Verenigde Koninkryk. Motoreienaarskap in Malta is uiters hoog gegewe die grootte van die eilande. Dit is die vierde hoogste in die Europese Unie. Die aantal geregistreerde motors in 1990 was 182 254, en kom neer op 'n digtheid van 582 motors/km².[78] Malta het 'n padnetwerk van 2 254 km, 1 972 km (87,5%) geteer en 282 km ongeteer (Desember 2003).[79] Die hoofpaaie van Malta vanaf die mees suidelike punt tot die mees noordelike punt is die volgende: Triq Birżebbuġa in Birżebbuġa, Għar Dalamweg en Tal-Barraniweg in Żejtun, Santa Luċijalaan in Paola, Aldo Morostraat (Trunkstraat), 13 Desemberstraat en Ħamrun-Marsaverbypad in Marsa, Regionalstraat in Santa Venera/Msida/Gżira/San Ġwann, St Andrew's-straat in Swieqi/Pembroke, Malta, Coaststraat in Baħar iċ-Ċagħaq, Salinastraat, Kennedyrylaan, St. Paul's-verbypad en Xemxija Hill in San Pawl il-Baħar, Mistra Hill, Wettingerstraat (Mellieħa-verbypad) en Marfaweg in Mellieħa. Busse (xarabank of karozza tal-linja) is die primêre metode van openbare vervoer. Die diens, wat in 1905 gestig is, het 'n omvattende hervorming ondergaan in Julie 2011. Die bestuurstrukture het verander van selfstandige drywers wat hul eie voertuie bestuur na 'n diens wat aangebied word deur 'n enkele maatskappy deur middel van 'n openbare tender (in Gozo, wat beskou word as 'n klein netwerk, word die diens direk gelewer).[80] Die openbare tender is toegeken aan Arriva Malta, 'n lid van die Arriva groep. Die nuwe diens loop dag en nag. Die vinnige dwarsstroomdienste werk teen 'n frekwensie van 30 minute. Die dwarsstroomdiens moet verbind met hoofstroomdienste, wat sal werk teen 'n frekwensie van tussen 10 en 30 minute. Op streeks- en plaaslike vlak, sal die sylyne dorpe en omliggende gebiede elke 30 minute bedien. Wisselaars is geleë in Valletta, Mater Dei-hospitaal, Swieqi, Paola, Marsa, Malta Internasionale Lughawe en Msida. Tussen 1883 en 1931 het Malta 'n spoorlyn gehad wat Valletta met die weermagbarakke by Mtarfa verbind het, via Mdina en 'n aantal stede en dorpe. Die spoorlyn het in onbruik verval en is uiteindelik heeltemal gesluit met die bekendstelling van elektriese trems en busse. Op die kruin van die bombardement van Malta gedurende die Tweede Wêreldoorlog, het Mussolini aangekondig dat sy magte die spoorwegstelsel vernietig het, maar met die uitbreek van die oorlog was die spoorlyn alreeds vir nege jaar in onbruik. Malta het drie groot natuurlike hawens op die hoofeiland: - Grand Harbour (of Port IL-Kbir), geleë aan die oostekant van die hoofstad Valletta, is al 'n hawe sedert die Romeinse tyd. Dit het verskeie uitgebreide dokke en kaaie, sowel as 'n passasierskipterminaal. 'n Terminaal by Grand Harbour bedien ook veerbote wat Malta verbind met Pozzallo en Catania in Sisilië. - Marsamxett-hawe, geleë aan die westekant van Valletta, huisves 'n aantal jagmarinas. - Marsaxlokk-hawe (Malta Freeport), by Birżebbuġa aan die suid-oostekant van Malta, is die eiland se vernaamste vragterminaal. Malta Freeport is die 11de besigste vraghouerhawe op die Europese vasteland en 46ste in die wêreld, met 'n handelsvolume van 2.3 miljoen twintigvoetlange eenhede in 2008.[81] Daar is ook twee mensgemaakte hawens wat 'n passasiers- en veerbootdiens bedien tussen Ċirkewwa Hawe op Malta en Mġarr Hawe op Gozo. Die veerboot vaar daagliks verskeie kere heen en weer. Malta Internasionale Lughawe (Ajruport Internazzjonali ta' Malta) is die enigste lughawe wat die Maltese eilande bedien. Dit is op die terrein gebou wat voorheen deur die Britse Koninklike Lugmag se Luqa-lugmagbasis gebruik was. Daar is ook 'n Helihawe, maar die geskeduleerde diens na Gozo is in 2006 gestaak. Die helihawe op Gozo is by Xewkija. Sedert Junie 2007 bedryf Harbour Air Malta 'n vliegbootdiens, driekeer per dag, tussen die seeterminale van Grand Hawe en Mgarr Hawe in Gozo. Die nasionale lugredery is Air Malta, met die Malta Internasionale Lughawe as basis. Die lugredery bereik 36 bestemmings in Europa en Noord-Afrika. Die eienaars van Air Malta bestaan uit die regering van Malta (98%) en private beleggers (2%). Air Malta het 1 547 personeel in diens. Dit het ook 25%-aandeelhouding in Medavia. Air Malta het al meer as 191 tussenredery kaartjie-uitrykingsooreenkomste afgehandel met ander IATA-lugrederye. Dit het ook 'n kodedelings ooreenkoms met Qantas wat drie roetes dek. In September 2007 sluit Air Malta twee ooreenkomste met die Abu Dhabi-gestasioneerde Etihad Airways, Air Malta verhuur twee bedryfsklaar Airbus-vliegtuie aan Etihad Airways vir die winterseisoen wat op 1 September 2007 begin en verskaf operasionele ondersteuning op 'n ander Airbus A320 vliegtuig wat dit uitverhuur aan Etihad Airways. Kommunikasie[wysig] Die selfoonpenetrasietempo het op 101.3% gestaan aan die einde van 2009.[82] Malta gebruik die GSM 900 en UMTS (3G) selfoonstelsels. Dit is versoenbaar met die res van die Europese lande, Australië en ook Nieu-Seeland. Daar is geen areakodes in Malta nie, intekenaars se nommers bestaan uit 8 syfers. Vastelyn telefoonnommers gebruik die voornommers 21 en 27 terwyl selfoonnommers die voornommers 79, 77 of 99 gebruik. Vir internasionale oproepe na Malta moet mens eers die internasionale toegangskode skakel, daarna die land se skakelkode +356 gevolg deur die intekenaar se nommer. Geldeenheid[wysig] Malta het versamelaarsmunte gemunt met 'n sigwaarde wat wissel tussen 10 tot 50 euro. Hierdie munte sit 'n bestaande nasionale praktyk voort van die munt van silwer en goue herdenkingsmunte. In teenstelling met normale uitreikings is hierdie munte nie 'n wettige betaalmiddel in alle eurosones nie. 'n Maltese € 10 herdenkingsmunt kan byvoorbeeld nie gebruik word in enige ander land nie. Vanaf 1972 tot met die bekendstelling van die euro in 2008 was die geldeenheid die Maltese lira, wat die Maltese pond vervang het. Die pond het die Maltese scudo vervang in 1798. Toerisme[wysig] Malta is 'n gewilde toeristebestemming, met 1,2 miljoen toeriste per jaar.[84] Drie keer meer toeriste besoek die eilande as wat daar inwoners is. Toerisme-infrastruktuur het dramaties toegeneem oor die afgelope paar jaar en 'n hele aantal goeie hotelle is beskikbaar op die eiland. Oorontwikkeling en die vernietiging van tradisionele behuising is egter 'n groeiende bron van kommer. 'n Toenemende aantal Maltese reis nou na die buiteland vir vakansie.[85] In die afgelope jare word Malta bemark as 'n mediese toerismebestemming.[86] Heelwat van die gesondheidstoerismeverskaffers help ontwikkeling aan in die bedryf. Daar is egter geen Maltese hospitaal wat al 'n onafhanklike internasionale gesondheidsorgakkreditasie ondergaan het nie. Malta is baie gewild onder Britse mediese toeriste,[87] wat Maltese hospitale aanspoor om akkreditering van VK-oorsprong te verkry soos die Trent Accreditation Scheme. Dubbele akkreditering met die Amerikaansgeoriënteerde Joint Commission is nodig indien hospitale in Malta wil kompeteer met die Verre Ooste en Latyns-Amerika vir mediese toeriste uit die Verenigde State. Wetenskap en tegnologie[wysig] Demografie[wysig] Malta lê elke tien jaar 'n bevolkings- en behuisingsensus af. Die sensus in November 2005 afgelê, het daarin geslaag om 'n geraamde 96% van die bevolking te tel.[verwysing benodig] 'n Voorlopige verslag is in April 2006 uitgereik en die resultate is geweeg teen 'n skatting vir 100% van die bevolking. Gebore Maltese maak die meerderheid van die bevolking uit. Daar is egter minderhede, van wie die meeste Britse boorlinge is en baie afgetree is op Malta. Die bevolking van Malta was in Julie 2011 geskat op 408 000.[15] In 2005 was 17% 14 jaar oud of jonger, 68% was in die 15-64 ouderdomsinterval, terwyl die oorblywende 13% 65 jaar en ouer was. Malta se bevolkingsdigtheid van 1 282 per vierkante kilometer is by verre die hoogste in die EU, en een van die hoogste in die wêreld. Die enigste sensusjaar wat 'n bevolkingsdaling getoon het, was die van 1967, met 'n 1,7% afname. Dit is toegeskryf aan 'n aansienlike emigrasie van Maltese burgers.[89] Die inwonende Maltese bevolking van 2004 is beraam op 97,0% van die totale inwonende bevolking.[90] Alle sensusse sedert 1842 toon 'n geringe meerderheid vroue teenoor mans. Die 1901 en 1911 sensusse kom die naaste daaraan om 'n balans te toon. Die hoogste vrou-teenoor-man verhouding is in 1957 getoon (1 088 : 1 000), sedertdien verklein die verhouding konstant. Die 2005 sensus toon 'n 1 013 : 1 000 vrou-teenoor-man verhouding. Bevolkingsgroei het afgeneem van 9,5% tussen die 1985 en 1995 sensusse, tot 6,9% tussen die 1995 en 2005 sensusse ('n jaarlikse gemiddeld van +0,7%). Die geboortesyfer het op 3 860 gestaan ('n afname van 21,8% volgens die 1995-sensus) en die sterftesyfer op 3 025. Dus was daar 'n natuurlike groei van 835 (vergeleke met +888 vir 2004, van wie meer as 'n honderd buitelandse inwoners was).[91] Die bevolking se ouderdomsamestelling is soortgelyk aan die ouderdomsamestelling algemeen in die EU. Sedert 1967 is daar 'n tendens van veroudering van die bevolking, daar word verwag dat dit sal voortduur in die afsienbare toekoms. Malta se ouderdom-afhanklikheidsverhouding van 17,2% in 1995 het gestyg tot 19,8% in 2005, redelik laer as die EU se gemiddeld van 24,9%; 31,5% van die Maltese bevolking is onder die ouderdom van 25 (in vergelyking met die EU se 29,1%); maar die 50-64 ouderdomsgroep verteenwoordig 20,3% van die bevolking, aansienlik hoër as die EU se 17,9%. Die ouderdom-afhanklikheidsverhouding sal na verwagting geleidelik styg in die komende jare. Maltese wetgewing erken beide siviele en kanonieke (kerkgeregtelike) huwelike. Nietigverklaringe deur die kerklike en burgerlike howe is nie verwant nie en word ook nie noodwendig wedersyds onderskryf nie. Malta het ten gunste van egskeidingswetgewing gestem in 'n referendum gehou op 28 Mei 2011.[92] Aborsie in Malta is onwettig. 'n Persoon moet 16 wees om te kan trou.[93] Die getal bruide onder die ouderdom van 25 het afgeneem van 1 471 in 1997 tot 766 in 2005, terwyl die aantal bruidegomme onder 25 gedaal het van 823 tot 311. Daar is 'n konstante tendens onder vroue om op 'n jonger ouderdom te trou as mans. In 2005 was daar 51 bruide tussen die ouderdomme van 16 en 19, vergeleke met 8 bruidegomme.[91] Teen die einde van 2007 was die totale bevolking 410 290 en daar word verwag dat dit tot 424 028 gaan styg teen 2025. Op die oomblik is vroue effens meer as mans en maak 50,3% van die bevolking uit. Die grootste groepering van mense (7.5%) val in die ouderdomsgroep 25–29, terwyl 7.3% in die ouderdomsgroepe 45–49 en 55–59 val.[94] Taal[wysig] Die Maltese taal (Maltees: Malti) is die amptelike taal van Malta. Neffens Maltees is Engels ook 'n amptelike taal en die landswette word in beide tale uitgevaardig. Die Grondwet bepaal egter dat indien daar enige konflik tussen die Maltese en die Engelse teks van enige wet bestaan, moet die Maltese teks se interpretasie voorrang geniet. Maltees is oorspronklik 'n Semitiese taal wat afstam van die nou uitgestorwe Sisiliaans-Arabiese (Sisulo-Arabiese) dialek (vanaf die suide van Italië).[95] Die Maltese alfabet bestaan uit 30 letters gebaseer op die Latynse alfabet, insluitend die diakrities veranderde letters ż, ċ en ġ, sowel as die letters għ, ħ , en ie. Maltees het 'n Semitiese basis met heelwat lenery vanaf Sisiliaans, Italiaans, 'n bietjie Frans, en meer onlangs en toenemend uit Engels.[96] Die taal sluit verskillende dialekte in wat heelwat kan wissel van een dorp na 'n ander, of van die een eiland na die ander. Die Euro-barometer meld dat 100% van die bevolking Maltees praat. Daarbenewens praat 88% van die bevolking Engels, 66% Italiaans, en 17% Frans.[97] Hierdie wydverspreide kennis van tweede tale maak Malta een van die mees veeltalige lande in die Europese Unie. 'n Studie van publieke menings oor watter taal "verkies" word, het getoon dat 86% van die bevolking 'n voorkeur vir Maltees geniet, 12% vir Engels en 2% vir Italiaans.[98] Tog is die Italiaanse TV-kanale wat Malta bereik vanaf Italiaanse uitsaaiers, soos Mediaset en RAI, steeds baie gewild.[98][99][100] Italiaans was 'n amptelike taal van Malta neffens Maltees tot 1934, waarna dit deur Engels vervang is. Geloof[wysig] Die Grondwet van Malta verklaar die Rooms-Katolieke geloof as die staatsgodsdiens hoewel verskanste voorsiening vir godsdiensvryheid gemaak word. Freedom House en die CIA World Factbook rapporteer dat 98% van die bevolking Rooms-Katoliek is, alhoewel hierdie syfer hoogs debatteerbaar is. Daar is meer as 360 kerke op Malta, Gozo en Comino, een kerk vir elke 1 000 inwoners. Die parogiekerk (Maltees: "il-parroċċa", of "il-knisja parrokjali") is die argitektoniese en geografiese fokuspunt van elke Maltese stad en dorp, en die vernaamste bron van burgerlike trots. Hierdie burgerlike trots manifesteer op skouspelagtige wyse tydens die plaaslike dorps-festas. Dit dui die dag van die beskermheilige van elke gemeente aan, met parade orkeste, godsdienstige optogte, spesiale misse, vuurwerke (veral klappers), en ander feestelikhede. Malta is 'n Apostoliese bisdom. Die Handelinge van die Apostels vertel dat 'n verhoorafwagtende Paulus, op pad van Kreta na Rome, skipbreuk gelei het op die eiland van" Melite", wat baie Bybelkenners as Malta identifiseer. Die gebeure speel af rondom 60 nC.[14] Die Handelinge van die Apostels verkondig dat Paulus drie maande op die eiland deurgebring het. Hy het die siekes genees, insluitend die vader van Publius, die "hoofman van die eiland". Verskeie tradisies hou verband hiermee. Die skipbreuk word gesê het plaasgevind in die plek vandag bekend as St Paul's Bay. Daar word gesê dat Sint Publius Malta se eerste biskop was. 'n Grot in Rabat, nou bekend as "St Paul's Grotto" (en in die omgewing waarvan bewyse van Christelike begrafnisse en rituele van die 3de eeu nC gevind is), is onder die vroegste bekende plekke op die eiland van Christelike aanbidding. Verdere bewyse van Christelike bedrywighede gedurende die tydperk van die Romeinse vervolging verskyn in grafkelders geleë onder verskeie plekke regoor die eiland, insluitend die Katakombes van Paulus en Sint Agatha se Katakombes in Rabat, net buite die mure van Mdina. Laasgenoemde in besonder, is pragtig beskilder tussen 1200 en 1480, hoewel plunderende Turke dit erg geskend het in die 1550s. Daar is ook 'n hele aantal grotkerke, insluitende die grot in Mellieħa, wat 'n altaar is vir die geboorte van Maria waar, volgens legende, Lukas 'n prent van die Madonna geverf het. Dit is 'n plek vir pelgrimstogte sedert die Middeleeue. Die Handelinge van die Raad van Kalsedoon het op rekord dat in 451 nC, 'n sekere Acacius Biskop was van Malta (Melitenus episcopus). Dit is ook bekend dat in 501 nC, 'n sekere Konstantinus, episcopus Melitenensis, teenwoordig was by die Vyfde Ekumeniese Raad. In 588 het Pous Gregorius I vir Tucillus ontroon, Miletinae Civitatis episcopus. Die geestelikes en mense van Malta verkies Trajanus as sy opvolger in 599 nC. Die laaste aangetekende Biskop van Malta, voor die inval van die eilande, was 'n Griek met die naam van Manas, wat vervolgens in Palermo opgesluit is.[101] Die Maltese historikus, Giovanni Francesco Abela, verklaar dat na hulle bekering tot die Christendom aan die hand van Paulus, die Maltese hul Christelike geloof behou het, ten spyte van die Fatimidiese inval. Abela se geskrifte beskryf Malta as 'n goddelike geseënde "skans vir die Christelik-Europese beskawing teen die verspreiding van Middellandse See-Islam".[24] Die plaaslike Christelike gemeenskap wat Rogier I van Sisilië [x] verwelkom het, is verder aangevul deur immigrante uit Italië, in die 12de en 13de eeu. Vir eeue was die Kerk in Malta ondergeskik aan die Bisdom van Palermo, behalwe onder Karel van Anjou, wat biskoppe vir Malta aangestel het, asook, op seldsame geleenthede, die Spanjaarde en later ook die Ridders. Sedert 1808 is alle biskoppe van Malta, Maltees. As 'n gevolg van die Normandiese en Spaanse tydperke, en die oppergesag van die Ridders het Malta die vroom Katolieke nasie geword wat dit vandag is. Dit is die moeite werd om daarop te let dat die Kantoor van die Inkwisiteur van Malta 'n baie lang dienstermyn op die eiland gehad het sedert sy stigting in 1530: die laaste Inkwisiteur het die eiland verlaat in 1798, nadat die Ridders mag oorgegee het aan Napoleon Bonaparte. Gedurende die tydperk van die Republiek van Venesië, het verskeie Maltese families geëmigreer na Corfu. Hul afstammelinge maak nou ongeveer twee-derdes van die gemeenskap van sowat 4000 Katolieke op, wat nou bly op die eiland. Die beskermheiliges van Malta is Paulus, Sint Publius, Sint Agatha en Sint George. Alhoewel nie 'n beskermheilige nie, word Sint George Preca (San Ġorġ Preca) grootliks vereer as die eerste gekanoniseerde Maltese heilige. Pous Benedictus XVI kanoniseer hom op 3 Junie 2007. Ook word 'n aantal Maltese individue erken as Geseëndes, insluitende Maria Adeodata Pisani en Nazju Falzon, met Pous Johannes Paulus II wat hulle tot saliges verklaar in 2001. Verskeie Rooms-Katolieke godsdienstige bestellings is teenwoordig in Malta, insluitend die Jesuïete, Franciskane, Dominikane en die Kleine Susters van die armes. Die meeste gemeentelede van die plaaslike Protestantse kerke is nie Maltees nie, hul gemeentes trek baie van die Britse afgetredenes wat op die eiland bly asook vakansiegangers van baie ander lande. Daar is ongeveer 500 Jehova Getuies.[102] Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae (Mormone), die Bybelse Baptistekerk en die Genootskap van Evangeliese Kerke het ongeveer 60 affiliasies. Daar is ook 'n paar kerke van ander denominasies, soos Sint Andrew se Skotse Kerk in Valletta ('n gesamentlike Presbiteriaanse en Metodiste gemeente) en Paulus se Anglikaanse katedraal, sowel as 'n Sewende Daagse Adventistekerk in Birkirkara. Die Joodse bevolking van Malta bereik sy hoogtepunt in die Middeleeue onder Normandiese heerskappy. In 1479 kom Malta en Sisilië onder Aragonese heerskappy. Die Alhambra dekreet van 1492 dwing alle Jode om die land te verlaat. Hulle word gedwing om slegs 'n paar van hul besittings saam te neem. 'n Paar dosyn Maltese Jode kon dalk tot die Christendom bekeer het in daardie tyd om op die eiland te bly. Vandag is daar een Joodse gemeente. Zen Boeddhisme en die Baha’i-geloof maak aanspraak op sowat 40 lede. Daar is een Moslem moskee. 'n Moslem-laerskool het onlangs oopgemaak, sy bestaan bly 'n punt van omstredenheid. Van die geraamde 3000 Moslems in Malta is ongeveer 2250 buitelanders, ongeveer 600 genaturaliseerde burgers en ongeveer 150 is inheemse Maltese.[103] Migrasie[wysig] Immigrasie[wysig] As 'n lidstaat van die Europese Unie en 'n party tot die Schengen-ooreenkoms, pas Malta die visumbeleid van die EU toe. Dit beteken dat om die land binne te kom: - Burgers van die EU en die Europese Ekonomiese Ruimte (EER) (Noorweë, Ysland en Liechtenstein) en hulle spesiale gebiede en Switserland benodig slegs 'n paspoort of 'n nasionale identiteitskaart. Behalwe vir Roemeense en Bulgaarse landgenote, benodig landsburgers in hierdie kategorie nie wettige werk- en verblyfpermitte in Malta nie.[104] - Landsburgers van sommige nie-EU en nie-EER-lande (meeste van die Wes Balkanlande, die meeste lande op die Amerikaanse kontinent, Australië, Nieu-Seeland, Suid-Korea, Maleisië en Japan) benodig slegs 'n paspoort (nie ʼn visum nie) as hulle minder as 90 dae vertoef. - Burgers van ander lande het 'n paspoort en 'n visum nodig om die land binne te kom, visums is geldig vir een maand. Die geraamde netto invloei (deur gebruik te maak van data vir 2002-2004) was 1 913 persone jaarliks. Oor die laaste 10 jaar het Malta 'n jaarlikse gemiddeld van 425 emigrante terug verwelkom.[90] Gedurende 2006 het 'n totaal van 1 800 onwettige immigrante Malta bereik vanaf die Noord-Afrikaanse kus. Die meeste van hulle was van plan om die vasteland van Europa te bereik en het op Malta op geëindig as gevolg van hul substandaard skepe wat breek of hulle is gevang deur Maltese en ander EU-amptenare.[105][106] In die eerste helfte van 2006 het 967 ongeoorloofde immigrante in Malta aangekom, [x] omtrent dubbel die 473 wat in dieselfde periode in 2005 daar aangeland het.[107] Heelwat immigrante het al omgekom met die vaart oor die Middellandse See, met een noemenswaardige voorval die van die Mei 2007 Malta-bootramp. Ongeveer 45% van die immigrante wat in Malta aanland is vlugtelinge (5%) of beskermde humanitêre status (40%) toegestaan. 'n Witskrif wat voorstel dat vlugtelinge al langer as 10 jaar op Malta woonagtig, Maltese burgerskap toegeken moet word, is in 2005 uitgereik. Histories het Malta toevlug verleen (en bygestaan in hul hervestiging) aan tot 800 of so Oos-Afrikaanse Asiërs wat uitgesit is vanuit Uganda deur Idi Amin en net onder 'n duisend Irakese op vlug van Saddam Hoesein se regime. Aanhoudingskoste vir die eerste helfte van 2006 alleen was € 746 385.[108] In 2005 probeer Malta om steun van die EU kry met betrekking tot die ontvangs van ongeoorloofde immigrante, repatriasie vir die wat vlugtelingstatus geweier is, die hervestiging van vlugtelinge in lande van die Europese Unie en maritieme veiligheid.[109] In Desember 2005 het die Europese Raad die Globale benadering tot Migrasie: Prioriteitsaksies gerig op Afrika en die Middellandse See aangeneem; maar die ontplooiing van genoemde aksies is beperk tot die westelike Middellandse See. Dit plaas verdere druk op die sentrale Middellandse Seeroete vir onreëlmatige immigrasie van wie Malta 'n deel vorm. Emigrasie[wysig] In die 19de eeu het die meeste emigrasie van Malta na Noord-Afrika en die Midde-Ooste plaas gevind, hoewel die tempo van terugmigrasie hoog was.[110] Nietemin het Maltese gemeenskappe ontstaan in hierdie streke. Teen 1900 byvoorbeeld het die Britse konsulêre ramings daarop gedui dat daar 5 326 Maltese in Tunisië was. In 1903 was daar beweer dat 15 000 mense van Maltese oorsprong in Algerië gewoon het.[111] Malta het beduidende emigrasie ervaar as 'n gevolg van die ineenstorting van 'n konstruksie-oplewing in 1907 en na die Tweede Wêreldoorlog, toe die geboortesyfer aansienlik toegeneem het, maar in die 20ste eeu het die meeste emigrante na bestemmings in die Nuwe Wêreld verhuis, veral die Verenigde State en Australië. Na die Tweede Wêreldoorlog het Malta se Emigrasie Departement emigrante gehelp met die koste van hul reis. Tussen 1948 en 1967 het 30 persent van die bevolking geëmigreer.[110] Tussen 1946 en die laat 1970's verlaat meer as 140 000 mense Malta met behulp van die ondersteunende oortog skema, met 57.6% wat migreer na Australië, 22% na die Verenigde Koninkryk, 13% na Kanada en 7% na die Verenigde State.[112] Emigrasie val dramaties na die middel-1970's en het sedertdien opgehou om 'n sosiale verskynsel van belang te wees. Sedert Malta by die EU aangesluit het in 2004 het uitgeweke gemeenskappe ontstaan in 'n hele aantal Europese lande, veral in België en Luxemburg. Onderwys[wysig] Primêre skoolopleiding is sedert 1946 verpligtend en sekondêre onderwys tot die ouderdom van sestien is verpligtend gemaak in 1971. Die staat en die Rooms-Katolieke Kerk verskaf gratis onderwys, beide bestuur 'n hele aantal skole in Malta en Gozo , insluitende die De La Salle kollege in Cospicua, Sint Aloysius kollege in Birkirkara, Sint Joseph se skool in Blata l-Bajda en Sint Monica meisieskool in Mosta. 'n Hele aantal privaatskole is in bedryf in Malta, onder andere San Andrea skool en San Anton skool in die L-Imselliet-vallei (l/o Mġarr), Sint. Martin se kollege in Swatar en Sint Michael se skool in San Ġwann. Sedert 2008 is daar twee internasionale skole, Verdala internasionale skool en QSI Malta. Die staat betaal 'n gedeelte van onderwysers se salarisse in die kerkskole.[114] Onderwys in Malta is gebaseer op die Britse model. Primêre skoling duur ses jaar. Op die ouderdom van 11 skryf leerlinge 'n eksamen vir toelating tot 'n sekondêre skool, óf 'n kerkskool (die gemeenskaplike toelatingseksamen) of 'n openbare skool. Leerlinge skryf die SEC O-vlak eksamens op 16, met sekere vakke soos Wiskunde, Engels en Maltees wat geslaag moet word. Leerders kan kies om verder te gaan studeer by 'n sesde-vorm kollege soos Junior kollege, Sint Aloysius kollege, De La Salle kollege, Sint Edward's kollege of anders by 'n ander post-sekondêre instelling soos MCAST. Die sesde-vorm kursus duur twee jaar waarna die Matrikulasie-eksamen afgelê word. Na gelang van hul prestasie, kan studente dan aansoek doen vir 'n voorgraadse graad of diploma. Die Universiteit van Malta bied tersiêre onderwys aan op diploma, voorgraadse en nagraadse vlak. Die volwasse geletterheidsvlak staan op 99.5%. http://www.indexmundi.com/facts/malta/literacy-rate Maltees en Engels word albei as onderrigtaal gebruik op primêre en sekondêre skoolvlak, en beide tale is ook verpligte vakke. Openbare skole is geneig om beide Maltees en Engels op 'n gebalanseerde wyse te gebruik. Private skole verkies om Engels as onderrigtaal te gebruik, so ook die geval in die meeste departemente van die Universiteit van Malta, dit het uiteraard 'n beperkende invloed op die vermoë en die ontwikkeling van die Maltese taal[98] Die meeste universiteitskursusse is in Engels.[95] Gesondheidsorg[wysig] Malta het 'n lang geskiedenis in die verskaffing van openbaar befondsde gesondheidsorg. Die eerste aangetekende hospitaal in die land was alreeds in gebruik teen 1372. [116] Deesdae het Malta beide 'n openbare gesondheiddiensstelsel, bekend as die staatsgesondheiddiens, waar gesondheidsorg gratis is by die afleweringspunt, en 'n private gesondheidsdiensstelsel. [117][118] Malta het 'n sterk algemene praktisyn-gelewerde primêre versorgingsbasis en die openbare hospitale verskaf sekondêre en tersiêre versorging. Die Maltese Ministerie van Gesondheid beveel buitelandse inwoners aan om private mediese versekering uit te neem. [119] Malta word vyfde geplaas op die Wêreldgesondheidsorganisasie se ranglys van die wêreld se gesondheidstelsels, [120] in vergelyking met die Verenigde State (37), Australië (32), Verenigde Koninkryk (18) en Kanada (30). Die gesondheidsdiensstelsel in Malta toon heelwat ooreenkomste met die Britse stelsel, [121] aangesien gesondheidsorg gratis is by die leweringspunt. Die Mater Dei-hospitaal, Malta se primêre hospitaal, is in 2007 geopen. Dit is een van die grootste mediese geboue in Europa. Ander staatshospitale in Malta sluit in: - Paul Boffa-hospitaal, 'n onkologie-hospitaal in Floriana - St Vincent De Paule-hospitaal, 'n geriatriehospitaal - Gozo algemene hospitaal, die enigste hospitaal op Gozo Daarbenewens het Malta drie groot private hospitale: - St Philip se hospitaal, met 'n kapasiteit van 75 beddens, is in Santa Venera (tans gesluit). - St James Capua-hospitaal (die voormalige Capua Palace-hospitaal), met 80 beddens, is in Sliema. - St James-hospitaal het verskeie persele, onder andere 'n 13-bed eenheid in Zabbar, sowel as 'n vennoothospitaal in Libië. St Mark se kliniek, in Msida, met 'n kapasiteit van 5 beddens, bied ook 'n private hospitaaldienste.[121] Die Universiteit van Malta het 'n mediese skool, en 'n Fakulteit van Gesondheidswetenskappe. Laasgenoemde offer diploma, BSc-graad en nagraadse kursusse aan in 'n aantal gesondheidsdienste dissiplines. Die Mediese Vereniging van Malta (MMSA) verteenwoordig praktisyns in die mediese professie. MMSA is 'n afsonderlike liggaam wat Maltese mediese studente verteenwoordig, en is 'n lid van EMSA en IFMSA. MIME, die Maltese Instituut vir Mediese Onderrig, is 'n instituut onlangs begin om volgehoue mediese onderrig aan dokters in Malta sowel as mediese studente te verskaf. Die Basisprogram wat in die Verenigde Koninkryk gevolg word, is geïmplementeer in Malta ten einde die uittog van pas gegradueerde dokters na die Britse Eilande te stuit. MADS, die Malta Vereniging van Tandheelkundige Studente, is 'n studente vereniging gemoeid met die regte van Tandheelkunde studente van die Fakulteit van Tandheelkunde aan die Universiteit van Malta. Dit is geaffilieer met IADS, die Internasionale Vereniging vir Tandheelkundige Studente. Kultuur[wysig] Die Maltese kultuur is 'n refleksie van al die verskillende kulture wat deur die eeue heen met die eiland in aanraking was, insluitende die naburige Mediterreense kulture en die kulture van die nasies wat vir lang periodes oor Malta geheers het voor onafhanklikheid in 1964. Musiek[wysig] Terwyl Maltese musiek deesdae grotendeels Westers van aard is sluit dit tradisionele musiek in bekend as għana. Dit bestaan uit agtergrondmusiek met folk-kitaar, terwyl 'n paar mense, gewoonlik mans, beurte maak om in 'n singende trant te redeneer en argumenteer. Die doel van die lirieke, wat op die plek opgemaak word, is om 'n vriendelik uitdagende atmosfeer te skep en neem 'n paar jaar se oefen om die verlangde artistieke kwaliteite te kombineer met effektiewe debatvoering. Literatuur[wysig] Gedokumenteerde Maltese literatuur is oor die 200 jaar oud. Onlangse opgrawings van 'n liefdesballade getuig egter van literêre aktiwiteite in die plaaslike tong alreeds in die Middeleeue. Malta het 'n tradisie van Romatieke literêre werke wat 'n hoogtepunt bereik het met die werk van Dun Karm, hulle nasionale digter. Latere skrywers soos Ruzar Briffa en Karmenu Vassallo het probeer om hulleself te distansieer van die rigiede stelsels van formele tema versbou. Dit was in die laat 1960s dat Maltese literatuur die mees radikale transformasie onder digters, prosaskrywers en dramaturge ondergaan het. Name van betekenisvolle digters wat uitstaan in die laaste 15 jaar van die 20ste eeu is Mario Azzopardi, Victor Fenech, Oliver Friggieri, Joe Friggieri, Charles Flores, Daniel Massa, Maria Ganado, Lillian Sciberras en Akille Mizzi. In prosa het Frans Sammut, Paul P. Borg en Joe J. Camilleri die avant-garde gelei en aan die teaterkant was daar Francis Ebejer, Alfred Sant, Doreen Micallef, Oreste Calleja, Joe Friggieri en Martin Gauci. Die daaropvolgende generasie van skrywers het die pad verder oopgekap, veral in prosa. Guze' Stagno, Karl Schembri en Clare Azzopardi is jong skrywers wat vinnig besig is om hulleself te vestig terwyl prominente digters onder andere Adrian Grima, Immanuel Mifsud, Norbert Bugeja en Simone Inguanez uitstaan. In literêre kritieklewering het Peter Serracino Inglott, Oliver Friggieri en Charles Briffa opmerkbare historiese, filosofiese en psigososiale temas na die Maltese teorie gebring. Ander skrywers gebore in Malta of van Maltese afkoms het gevestigde loopbane oorsee. Onder hulle gereken is die romanskrywer Trezza Azzopardi, topverkoper kinderboekskrywer Saviour Pirotta en strokiesverhaal tekenaar/joernalis Joe Sacco. Kuns en argitektuur[wysig] Die Maltese argitektuur is oor die strek van die eilande se geskiedenis beïnvloed deur heelwat verskillende Mediterreense kulture en Britse argitektuur. Die eerste eilandbewoners het Ġgantija opgerig, een van die oudste mensgemaakte losstaande strukture in die wêreld. Die Neolitiese tempelbouers van 3800-2500 vC het die talle Maltese tempels versier met bas-reliëf ontwerpe, insluitend spirale vol suggestie van die boom van die lewe en diereportrette, ontwerpe geverf met rooi oker, keramiekwerk, en 'n uitgebreide versameling van mensvormige standbeelde, spesifiek die Venus van Malta. Dit kan by die tempels self besigtig word (veral opmerklik die Hipogeum en Tarxien tempels), en ook by die Nasionale Argeologiemuseum in Valletta. Malta is tans besig met verskeie grootskaalse bouprojekte, insluitend die oprig van SmartCity Malta, die M-Torings en Pendergardens, terwyl plekke soos die Valletta-waterfront en Tigne-punt opknappingswerk ondergaan. Die Romeinse tydperk het hoogs dekoratiewe mosaïekvloere, marmer kolonnades en klassieke beeldhouwerk bekend gestel, waarvan baie goed-opgepasde en bewaarde oorblyfsels gesien kan word in 'n Romeinse domus, 'n plattelandse villa net buite die mure van Mdina. Die vroeë Christen-fresko's wat die katakombes onder Malta versier, toon 'n geneigdheid tot oostelike Bisantynse smaak. Hierdie smaak het ook die pogings van die Middeleeuse Maltese kunstenaars beïnvloed, maar hulle is namate verlei deur die Romanesk en Suid-gotiese bewegings. Teen die einde van die 15de eeu het Maltese kunstenaars net soos hulle tydgenote in naburige Sisilië onder die invloed gekom van die skool van Antonello de Massina, wat Renaissance-ideale en konsepte bekend gestel het aan die sierkunste in Malta.[122] Malta se artistieke nalatenskap het behoorlik geblom onder die Hospitaalridders wat Italiaanse en Vlaamse maniëristiese skilders ingebring het om hulle paleise en die kerke te versier; by uitstek Matteo Perez d'Aleccio, wie se werke in die Magistrale paleis en Johanneskatedraal in Valletta te sien is, asook Filippo Paladini, wat aktief in Malta besig was vanaf 1590 tot 1595. Maniërisme het vir baie jare nog die smaak en ideale van plaaslike Maltese kunstenaars besiel.[122] Die aankoms van Caravaggio op Malta, wat ten minste sewe werke gedurende sy 15 maande verblyf op die eiland geverf het, het die plaaslike kuns nog verder vernuwe en aangevuur. Twee van Caravaggio se mees vername werke, Die onthoofding van Johannes die doper en Die skrywende Hiëronymus is op tentoonstelling in die oratorium van die Johanneskatedraal. Sy nalatenskap is ook duidelik te sien in die werke van die plaaslike kunstenaars Giulio Cassarino (1582–1637) en Stefano Erardi (1630–1716). Die Baroktydperk wat daarop gevolg het, was egter bestem om die mees blywende impak op die Maltese kuns en argitektuur te hê. Die roemryke gewelfskildering van die beroemde Kalabriese skilder, Mattia Preti het die streng maniëristiese binnekant van die Johanneskatedraal omskep in 'n Barokmeesterstuk. Preti het die laaste 40 jaar van sy lewe in Malta deurgebring, waar hy baie van sy beste werke geskilder het, op tentoonstelling in die Skone kunstemuseum in Valletta. Tydens hierdie periode het die plaaslike beeldhouer Melchior Gafà (1639-1667) verrys as een van die top Barokbeeldhouers van die Roomse Skool. Gedurende die 17de en 18de eeu het Napolitaanse en Rokoko invloede te voorskyn gekom in die werke van die Italiaanse skilders Luca Giordano (1632-1705) en Francesco Solimena (1657-1747), en is duidelik te bespeur in die werk van kontemporêre Maltese skilders soos Giovanni Nicola Buhagiar (1698-1752) en Francesco Zahra (1710-1773). Die Rokoko-beweging is heelwat versterk met die verhuising van Antoine de Favray (1706-1798) na Malta, wat as hofskilder gedien het onder Grootmeester Pinto in 1744. Neoklassisisme het ietwat van 'n invloed gehad onder sekere plaaslike Maltese kunstenaars in die laat 18de eeu, maar die modegier het agteruit beweeg in die vroeë 19de eeu, met die plaaslike kerkowerhede — miskien in 'n poging om die Katolieke kerk se vasberadenheid teen die bemerkbare Protestantse gevaar te versterk gedurende die vroeëre Britse heerskappy in Malta — wat gretig was om die gelowige temas, voorgestaan deur die Nasareense beweging, onder kunstenaars te omarm. Romantiek getemper deur die naturalisme bekendgestel in Malta deur Giuseppe Calì, het die "salon" kunstenaars van die vroeg 20ste eeu besiel, insluitende Edward en Robert Caruana Dingli. Die Parlement het die Nasionale Kunsskool in die 1920's tot bestaan geroep. Gedurende die herstelperiode wat op die Tweede wêreldoorlog gevolg het, het 'n opkomende "Moderne kunstegroep" wie se lede Josef Kalleya (1898-1998), George Preca (1909-1984), Anton Inglott (1915-1945), Emvin Cremona (1919-1986), Frank Portelli (b.1922), Antoine Camilleri (b.1922) en Esprit Barthet (b.1919) ingesluit het, die plaaslike kunste landskap heelwat versterk. Kookkuns[wysig] Maltese kookkuns toon sterk Sisiliaanse en Engelse invloede asook invloede van Spaanse, Maghreb en Provensaalse kookkuns. 'n Aantal streeksvariasies, spesifiek wat Gozo aanbetref, kan opgemerk word, asook seisoenale variasies wat gekoppel is aan die beskikbaarheid van produkte en Christenfeeste (soos Vastyd, Paasfees en Kersfees). Kos is van historiese belang in die ontwikkeling van die nasionale identiteit, spesifiek die tradisionele "fentaka" (byvoorbeeld gestoofde of gebraaide haas). Gebruike en Gewoontes[wysig] 'n Charities Aid Foundation-studie gedoen in 2010 het bevind dat Maltese die mees vrygewige mense in die wêreld is, met 83% wat tot liefdadigheidswerk bydra.[123] Maltese volksverhale sluit heelwat stories in van geheimsinnige skepsels en bonatuurlike gebeure. Die stories is baie omvattend saamgestel deur die geleerde (en pionier in Maltese argeologie) Manwel Magri[124] in sy kern kritiese resensie "Ħrejjef Missirijietna" ("Stories van ons Voorvaders"). Die versameling van materiaal het daaropvolgende navorsers en akademici geïnspireer om tradisionele sprokies, fabels en legendes te versamel van regoor die Argipel. Magri se werk het ook 'n reeks strokiesprentboeke geïnspireer (vrygestel deur Klabb Kotba Maltin in 1984): die titels sluit in Bin is-Sultan Jiźźewweġ x-Xebba tat-Tronġiet Mewwija en Ir-Rjieħ. Baie van die stories is heel populêr oorgeskryf as Kinderlektuur deur skrywers wat in Maltees skryf, soos Trevor Żahra. Terwyl reuse, hekse en drake in baie van die stories voorkom is daar sommige wat net unieke Maltese skepsels bevat soos die Kaw kaw, Il-Belliegħa en L-Imħalla onder andere. Die tradisioneel Maltese obsessie met die handhawing van spirituele (of rituele) reinheid[125] beteken dat baie van die skepsels die rol gespeel het van wagte van verbode of beperkte gebiede, wat enkelinge aanval wat die streng gedragskodes gebreek het, wat die pre-industriële eilandgemeenskap gekenmerk het. Tradisies[wysig] Tradisionele Maltese gesegdes openbaar 'n kulturele besorgdheid met swangerskap en vrugbaarheid: "iż-żwieġ mingħajr tarbija ma fihx tgawdija" ('n kinderlose huwelik kan nie 'n gelukkige huwelik wees nie). Dit is 'n oortuiging wat Malta met baie ander Mediterreense kulture deel. In Maltese volksverhale is die plaaslike variant van die klassieke afsluitingsformule, "en hulle het lank en gelukkig saam gelewe" iets soos "u għammru u tgħammru, u spiċċat" (en hulle het saam gebly en kinders saam gehad en dit is die einde van die storie).[126] Plattelandse Malta deel saam met die Mediterreense gemeenskap verskeie bygelowe rondom vrugbaarheid, menstruasie en swangerskap, insluitende die vermyding van begraafplase in die maande in aanloop tot swangerskap, asook die vermyding van sekere kosse tydens maandstonde. Verwagtende vroue word aangemoedig om hulle hunkering na sekere kosse te vervul uit vrees dat die ongebore kind 'n gelyksoortige geboortevlek sal ontwikkel (Maltees: xewqa, letterlik "begeerte" of "hunkering"). Maltese en Sisiliaanse vroue deel ook sekere tradisies wat blykbaar die ongebore kind se geslag kan voorspel, soos die maanstande tydens die verwagte geboorte datum, of die baba "hoog" of "laag" gedra word tydens swangerskap en die beweging van die trouring swaaiende aan 'n toutjie reg bo die maag (sywaarts vir 'n dogter en vorentoe en agtertoe vir 'n seun). Maltese pasgeborenes is tradisioneel so gou as moontlik gedoop, deels uit vrees vir limbus indien die kind sterf tydens suigelingskap en deels omdat daar volgens Maltese (en Sisiliaanse) oorlewing geglo word 'n ongedoopte kind is nog nie 'n Christen nie maar "steeds 'n Turk". Tradisionele Maltese fyngebak wat tydens doopseremonies voorgesit word sluit in biskuttini tal-magħmudija (amandelkoekies bedek met wit of pink versiersuiker), it-torta tal-marmorata (gekruide hartvormige tert van sjokolade gegeurde amandeldeeg), en 'n likeur bekend as rożolin, gemaak met roosblare, viooltjies en amandels. Met 'n kind se eerste verjaarsdag, volgens 'n tradisie wat tot vandag oorleef, moet Maltese ouers 'n spel genaamd il-quċċija organiseer, waarby 'n verskeidenheid van simboliese items lukraak rondom die sittende kind geplaas word. Die items mag 'n hardgekookte eier, 'n Bybel, 'n kruisbeeld of bidsnoere, 'n boek en so voorts wees. Die item waarin die kind die meeste belangstelling toon word gesê openbaar sy rykdom en lewensweg as volwassene.Geld dui op 'n rykdom terwyl 'n boek intelligensie aantoon en moontlik dui op 'n loopbaan as onderwyser. Kinders wat 'n potlood of pen kies word skrywers. Die kies van Bybels of bidsnoere dui op 'n geestelike of kloosterlewe. Indien die kind 'n hardgekookte eier kies gaan hy 'n lang lewe met baie kinders hê. Meer onlangse toevoegings sluit in sakrekenaars (rekeningkunde), gare (mode) en houtlepels (kookkuns en goeie aptyt). Tradisionele Maltese huwelike word gekenmerk deur die bruidspaar wat met 'n gevolg loop onder 'n versierde baldakyn, vanaf die bruid se familie se huis tot by die parogiekerk, met sangers wat agterna loop en serenades sing vir die bruid en bruidegom. Die Maltese woord vir hierdie gebruik is il-ġilwa. Die gebruik saam met vele ander het lank reeds van die eiland af verdwyn en plek gemaak vir meer moderne gewoontes. Nuwe vroue dra die għonnella, 'n tradisionele item van Maltese kleredrag. Dit word egter nie meer in moderne Malta gedra nie. Hedendaagse paartjies trou in kerke en kapelle in die dorp van hulle keuse. Die huweliksbevestiging word gewoonlik gevolg deur 'n rojale huweliksonthaal, wat geredelik etlike honderde gaste insluit. Van tyd tot tyd sal paartjies probeer om van die tradisionele elemente in hul troudagvieringe in te werk. 'n Herlewing in die tradisionele huwelik kon aanskou word in Mei 2007 toe duisende Maltese en toeriste 'n tradisionele Maltese huwelik bygewoon het in 16de eeu se styl in die dorpie Żurrieq. Dit het il-ġilwa ingesluit, wat die paartjie na 'n huwelikseremonie gelei het op die parvis van die Sint Andrew-kapel. Die onthaal wat daarop gevolg het, is gekenmerk deur volksmusiek (għana) en dans. Feeste[wysig] Plaaslike feeste wat ooreenstem met die in die suide van Italië is algemeen in Malta en Gozo. Daar word huwelike, dope en vernaam heilige dae, waar beskermheiliges in die plaaslike parogie vereer word, gevier. Tydens heilige dae bereik die festa 'n hoogtepunt met 'n Hoogmis wat 'n diens oor die lewe en prestasies van die beskermheilige insluit. Daarna word 'n standbeeld van die heilige deur die strate geneem met 'n plegtige optog gevolg deur die gelowiges in gebed. Die heilige atmosfeer maak egter gou plek vir 'n paar dae van joligheid, orkesoptogte, vuurwerke en laatnag partytjies. Lija is 'n dorpie bekend vir sy vuurwerkvertonings. Die Karnaval (Maltees: il-karnival ta' Malta) het 'n belangrike plek op die kulturele kalender van Malta nadat Grootmeester Piero de Ponte dit bekendgestel het op die eilande in 1535. Dit word gehou in die week wat Aswoensdag voorafgaan en sluit tipies in maskerballe, kostuumdrag en groteske maskerkompetisies, uitbundige laatnag partytjies, kleurvolle confetti-parades met allegoriese vlotte wat oor opsig gehou word deur Koning Karnaval, marsorkeste en kostuumdraende karnalvalgangers. Heilige Week (Maltees: il-Ġimgħa Mqaddsa) begin op Palmsondag (Ħadd il-Palm) en eindig op Paassondag (Ħadd il-Għid). Heelwat gelowige tradisies, meeste daarvan oorgedra van generasie tot generasie, is deel van die Paasfeesviering op die Maltese eilande, wat die dood en opstanding van Jesus herdenk. Mnarja, of l-Imnarja (uitgespreek lim-nar-ja) is een van die belangrikste datums op die Maltese kultuurkalender. Amptelik is dit 'n nasionale fees opgedra aan die fees van Petrus en Paulus. Dit kan terug geneem word tot die heidense Romeinse fees van Luminaria (letterlik, "die illuminasie"), wanneer fakkels en vreugdesvure aangesteek word vroegaand op 29 Junie. As nasionale fees sedert die Ridders se heerskappy, is Mnarja 'n tradisionele Maltese feesviering van kos, geloof en musiek. Die feesvieringe skop nog steeds af met die lees van die "bandu", 'n amptelike regeringsaankondiging wat voorgelees word in Malta op die dag sedert die 16de eeu. Oorspronklik is Mnarja gevier buite Paulus se grot in die noorde van Malta. Teen 1613 egter het die fokus van die vierings geskuif na die Pauluskatedraal in Mdina, wat 'n fakkelparade ingesluit het, die afvuur van 100 kruitbomme, perderenne en naellope onder mans, seuns en slawe. Moderne Mnarja-feeste vind plaas in en om die boslande van Buskett, net buite die dorp Rabat. Dit word oorvertel dan onder die Ridders se heerskappy hierdie die een dag in die jaar was wat Maltese toegelaat is om wilde haas te jag en eet, wat andersins beperk was tot die Ridders vir plesierjag. Die noue band tussen Mnarja en haasbredie (Maltees: "fenkata") is vandag nog steeds sterk. In 1854 het die Britse goewerneur William Reid 'n landbouskou by Buskett geopen wat nog steeds vandag gehou word. Die landbou-uitstallings is vandag steeds 'n rudimentêre deel van die Mnajra-feesvieringe. Mnarja is deesdae een van die min geleenthede waar deelnemers nog die tradisionele "għana" kan hoor. Tradisioneel het 'n bruidegom belowe om sy bruid na Mnarja te neem gedurende hulle eerste huweliksjaar. Vir goeie geluk sou baie bruide die fees in hulle trourok en sluier bywoon. Die gewoonte het egter lank terug reeds in onbruik verval. Isle of MTV is ʼn eendaagse musiekfees wat vervaardig en uitgesaai word op 'n jaarlikse basis deur MTV. Die fees is sedert 2007 jaarliks gehou in Malta met vername popkunstenaars wat elke jaar optree. Sedert die fees na Malta gebring is, is dit aangebied by die Graanskure in Floriana, 'n opelugarea groot genoeg vir ongeveer 50 000 individue.[127] In 2012 is optredes gelewer deur die wêreldwye hoogaangeskrewe kunstenaars Flo Rida, Nelly Furtado en Will.I.Am te Fosos-plein in Floriana. Meer as 50,000 mense was teenwoordig, wat dit die hoogste bywoningsyfer tot nog toe gemaak het.[128] In 2009 is die eerste Nuwejaar-straatpartytjie georganiseer in Malta in parallel met ander groot lande in die wêreld s'n. Alhoewel die geleentheid nie besonder goed geadverteer was nie en boonop hoogs kontroversieel was as gevolg van die afsluit van 'n hoofstraat op die dag, is dit as suksesvol beskou en sal heel moontlik elke jaar gereël word.[129] Die Malta Internasionale Vuurwerke-fees is 'n jaarlikse fees wat georganiseer word in Grand Harbour te Valletta sedert 2003. Die fees bied vuurwerkvertonings aan deur 'n aantal Maltese asook buitelandse vuurwerkevervaardigers. Die fees vind gewoonlik die laaste week van April plaas elke jaar. Vakansiedae[wysig] |Dag||Vakansie| |1 Januarie||Nuwejaarsdag| |10 Februarie||Paulus se skipbreuk| |19 Maart||Sint Josefdag| |31 Maart||Vryheidsdag| |Maart/April (datum verander)||Goeie Vrydag| |1 Mei||Arbeidsdag| |7 Junie||Sette Giugno| |29 Junie||Petrus en Paulus-dag (L-Imnarja)| |15 Augustus||Die Hemelvaart van Maria (Santa Marija)| |8 September||Ons-liewe-vrou van oorwinnings| |21 September||Onafhanklikheidsdag| |8 Desember||Onbevlekte ontvangs| |13 Desember||Republiekdag| |25 Desember||Kersfees| Sport[wysig] Sokker is die gewildste sport in Malta. Die nasionale stadium word Ta' Qali-stadion genoem. Die nasionale sokkerspan het al verskeie wedstryde gewen teen groter teenstanders, wat al in finale gespeel het in Wêreldbekertoernooie soos België, Hongarye en Griekeland. Die top sokkerliga in Malta word die Maltese Premierliga genoem en bestaan uit 12 spanne. Waterpolo is ook baie gewild in Malta. Die Nasionale waterpolo-span van Malta het al groot hoogtes bereik teen sterk opponente en het twee keer al aan die Olimpiese Spele deelgeneem. Maltese klubs kompeteer in die Europese klubkampioenskappe georganiseer deur LEN en word beskou as deel van die top 10 waterpolo-ligas in Europa. Rugby is 'n gewilde sport in Malta wat tans 41ste (12 Augustus 2011) op die wêreldranglys lê. Hulle het onlangs groot suksesse behaal teen spanne soos Swede, Kroasië en Litoue. Rugby-liga word ook in Malta gespeel, met die mans-span wat tans 23ste (Augustus 2011) op die wêreldranglys lê. Die nasionale span staan bekend as die Malta Ridders en spog met spelers wat tans in die Oos-Europese Superliga speel. Malta speel ook gasheer vir 'n snoekerrondte, die Malta Beker wat 'n nie-amptelike geleentheid geword het. In 2008 was die Maltees Tony Drago 'n lid van die seëvierende Europese Mosconi-beker span wat in Portomaso, Malta gehou is. Die bokser Jeff Fenech is van Maltese oorsprong.[130] Onlangs het kontaksport soos Boks en Skopboks toenemend populêr geword. Daar is meer as 1200 rotsklimroetes in Malta. Die eiland bied 'n mengsel van beide tradisionele klim en sport-rotsklim geleenthede en bied ook 'n goeie verskeidenheid aan vir rotsblokklim en hoogwater solo-rotsklim. Die eiland se geografie en grootte maak rotsklim baie toeganklik. Rotsklim raak al hoe meer gewild onder plaaslike gemeenskappe asook toeriste en besoekers. Boċċi is die Maltese weergawe van die Italiaanse spel bocce, Franse pétanque, Britse bowls of rolbal in Afrikaans. Behalwe vir sekere verskille met die reëls asook die oppervlakte waarop gespeel word, is die grootste verskil die vorm van die balle self wat geneig is om silindries eerder as sferies gevorm te wees. Heelwat klein klubs (gewoonlik Klabbs tal-Boċċi genoem in Maltees) kan in Malta en Gozo gevind word. Die klubs word gereeld besoek en is baie aktief op plaaslike en Europese vlak. Die South End Core is 'n groep ondersteuners of 'ultra's' wat Maltese nasionale spanne ondersteun. Hulle ondersteun meestal sokker, waterpolo en rugby. Hulle organiseer versierings en "tifo" om hulle land mee te ondersteun. Media[wysig] Die mees algemeen gelese en finansieel sterkste koerante word uitgegee deur Allied Newspapers Ltd., hoofsaaklik The Times (27%) en The Sunday Times (51.6%). As gevolg van tweetaligheid word helfte van die koerante in Engels en helfte in Maltees gepubliseer. Die Sondagkoerant It-Torċa (Die Fakkel) uitgegee deur Union Press, 'n filiaal van die GWU, is die blad met die grootste sirkulasie in Maltees. Sy susterkoerant L-Orizzont, is die Maltese dagblad met die grootste lesertal. Daar is heelwat dag- en weekblaaie, een blad vir elke 28 000 mense. Advertensies, verkope en subsidies is die drie vernaamste metodes van finansiering vir koerante en tydskrifte. Meeste van die koerante en tydskrifte gekoppel aan instellings word egter deur dieselfde instellings gefinansier, hulle is afhanklik van reklame of subsidies vanaf hulle eienaars.[131] Daar is 'n groot teenwoordigheid van institusies - kerk, politieke partye en vakbonde - in die gedrukte media, alhoewel nie so groot soos in die uitsaaiwese nie. Vakbonde word nie in die uitsaaiwese verteenwoordig nie, maar wel in die gedrukte media, en slegs die General Workers Union besit 'n koerant. Die UHM, die tweede grootste vakbond, het geen koerant, TV- of radiostasie nie.[131] Daar is ses vername landswye televisiekanale in Malta: TVM, One Television, NET Television, Smash Television, Favourite Channel, Calypso Music TV, TVM 2 en TVM HD – uitgesaai met analoog terrestriële, ongekodeerde sein. Die regering en politieke partye subsidieer meeste van die befondsing van hierdie televisiestasies. Die Public Broadcasting Services is die regeringstasie en is lid van die EBU. Media Link Communications Ltd en One Productions Ltd is geaffilieer met die Nationalist-party en Labour-party onderskeidelik. Die res is in privaatbesit. Die Broadcasting Authority hou toesig oor al die plaaslike stasies en verseker dat hul voldoen aan regs- en lisensievoorwaardes asook die instandhouding van behoorlike onpartydigheid; ingevolge sake rondom industriële of politiese geskille of betreffende huidige openbare beleid; terwyl ook gesorg word dat uitsaaifasiliteite en tyd billik tussen persone van verskillende politieke partye verdeel word. Die Broadcasting Authority verseker dat plaaslike uitsaaidienste bestaan uit openbare, private en gemeenskap-uitsendings wat verskeidenheid en volledige programskedules bied om in almal se belange en smaak te val. Kabel-, terrestriële- en satellietontvangs is als beskikbaar, alhoewel kabeldienste die wydste versprei is. Kabelinskrywings was amper 124 000 in Februarie 2006, en het amper 80% van Maltese huishoudings bereik. 'n Klein maar groeiende aantal huishoudings besit satellietskottels om ander Europese televisienetwerke te kan ontvang soos die BBC van Groot Brittanje en RAI en Mediaset van Italië. Verwysings[wysig] - ( ), National Statistics Office, Malta, http://www.mjha.gov.mt/MediaCenter/PDFs/1_Population%20Statistics.pdf MJHA.gov.mt, besoek op 2011 - ( )National Statistics Office, Malta, 2011 - ( “ )Malta”. Internasionale Monetêre Fonds. URL besoek op 27 Maart 2014. - ( “ )2013 Human Development Report”. 14 Maart 2013. URL besoek op 14 Maart 2014. - “Gini coefficient of equivalised disposable income (source: SILC)”. Eurostat Data Explorer. URL besoek op 27 Maart 2014. - The Maltese Islands, Departement of Information, Malta, 2012, http://gov.mt/en/About%20Malta/Maltese%20Islands/Pages/The-Maltese-Islands.aspx, besoek op 5 October2012 - European Microstates, Traveltips24.com, 22 Desember 2008, http://www.traveltips24.com/European_Microstates.htm, besoek op 31 Maart 2009 - Career guidance in Malta: A Mediterranean microstate in transitio, Ingentaconnect.com, 16 Junie 2006, http://www.ingentaconnect.com/content/klu/adco/1998/00000020/00000001/00135717#aff_1, besoek op 31 Maart 2009 - The Microstate Environmental World Cup: Malta vs. San Marino, Environmentalgraffiti.com, 15 Desember 2007, http://www.environmentalgraffiti.com/offbeat-news/the-microstate-environmental-world-cup-malta-vs-san-marino/613, besoek op 31 Maart 2009 - Malta, Eurostat, http://www.urbanaudit.org/DataAccessedCSV.aspx?MultiIndicators=1&MultiCities=34&Groups=2&Years=5&JurisdictionLevels=3&lbOrder=1 - Situation, A History of Malta, 6 Februarie 2008, http://liveweb.waybackmachine.org/http://members.ziggo.nl/bezver/introduc.html - Europese Kommissie, Europe and you in 2007, Passport-free travel extended, http://ec.europa.eu/snapshot2007/travel/travel_en.htm, besoek op 21 Desember 2007 - , Die Bybelgenootskap van Suid Afrika, http://www.bybel.co.za/search/search-detail.php?prev=-5&book=ACT&chapter=28&version=0&GO=Wys - Department of Information, Doi.gov.mt, 3 Maart 2008, http://www.doi.gov.mt/EN/islands/dates.asp, besoek op 2 Maart 2008 - Central Intelligence Agency (CIA), "Malta", The World Factbook, https://www.cia.gov/library/publications/the-world-factbook/geos/mt.html, besoek op 6 September 2006 - Chapter 1 – The Republic of Malta, Legal-Malta, http://www.legal-malta.com/law/constitution-1.htm, besoek op 4 September 2011 - Megalithic Temples of Malta, http://whc.unesco.org/en/list/132, besoek op 16 September 2008 - Megalithic Temples of Malta, UNESCO, http://whc.unesco.org/en/list/132, besoek op 20 Januarie 2011 - Malta Temples and The OTS Foundation, Otsf.org, http://www.otsf.org/, besoek op 31 Maart 2009 - Daniel Cilia (2004), Malta Before History, Miranda Publishers, ISBN 9990985081 - Liddellfirst2=Robert, Henry George; Scott, μέλι A Greek-English Lexicon, on Perseus, http://www.perseus.tufts.edu/hopper/text?doc=Perseus%3Atext%3A1999.04.0057%3Aentry%3Dme%2Fli^ μέλι - Autenrieth, Georg, Μελίτη A Homeric Dictionary, on perseus, http://www.perseus.tufts.edu/hopper/text?doc=Perseus%3Atext%3A1999.04.0073%3Aentry%3D*meli%2Fth Μελίτη - Controversy over unique Maltese bee population, Malta Today, 6 February 2008, http://www.maltatoday.com.mt/2003/0♫6/29/l7.html - Castillo, Dennis Angelo, The Maltese Cross: A Strategic History of Malta, Greenwood Publishing Group, http://books.google.co.uk/books?id=i5ns5LNtoiUC&pg=PA25, besoek op 20 September 2011 - Melita A Latin Dictionary, on Perseus, http://www.perseus.tufts.edu/hopper/text?doc=Perseus%3Atext%3A1999.04.0059%3Aentry%3DMelita Melita - Pickles, Tim, Malta 1565: Last Battle of the Crusades, Osprey Publishing, ISBN 978-1-85532-603-3, http://books.google.com/books?id=0LuvbRQ78sIC&pg=PA11, besoek op 20 September 2011 - Mifsud, A; Savona-Ventura, C; Mifsud, S, Palaeolithic Man in the Maltese Islands, http://www.webcitation.org/query?url=http://www.geocities.com/RainForest/3096/palaeol.html&date=2009-10-25+09:39:06 - Robin Skeates (5 November 2010), An Archaeology of the Senses: Prehistoric Malta, Oxford University Press, pp. 124–132, ISBN 978-0-19-921660-4, http://books.google.com/books?id=HOjDB8M27wkC&pg=PA124, besoek op 7 Junie 2011 - Gozo, IslandofGozo.org, 7 Oktober 2007, http://replay.waybackmachine.org/20090321192841/http://www.islandofgozo.org/history.htm - "Brief History of Malta", LocalHistories.org, 7 Oktober 2007. - Anthon, Charles, A Classical Dictionary: Containing an Account of the Principal Proper Names, New York Public Library, http://books.google.com/books?id=3iQQAAAAYAAJ&pg=RA1-PA1232, besoek op 20 September 2011 - Old Temples Study Foundation, OTSF, http://www.otsf.org/, besoek op 31 March 2009 - Sheehan, Sean, Malta, Marshall Cavendish, ISBN 0-7614-0993-9, http://books.google.com/books?id=LRGrRy7S750C&pg=PA87, besoek op 20 September 2011 - Aberystwyth, The University of Wales, Users.aber.ac.uk, http://users.aber.ac.uk/jpg/malta/arch.html, besoek op 31 Maart 2009 - Visit Malta-Malta,Gozo,Comino-Museums in Malta-Museum of Archaeology, Visitmalta.com, http://www.visitmalta.com/museum-of-archaeology, besoek op 2 Augustus 2010 - Ancient mystery solved by geographers, Port.ac.uk, 20 April 2009, http://www.port.ac.uk/aboutus/newsandevents/news/archive2009/april2009/title,94480,en.html, besoek op 14 November 2010 - Mottershead, Derek; Alastair Pearson & Martin Schaefer (2008), "The cart ruts of Malta: an applied geomorphology approach", Antiquity 82 (318): 1065–1079, http://antiquity.ac.uk/Ant/082/1065/ant0821065.pdf - Cilia, Daniel, Malta Before Common Era, in The Megalithic Temples of Malta, http://web.infinito.it/utenti/m/malta_mega_temples/linetime.html . - Notable dates in Malta's history, Department of Information – Maltese Government, 6 Februarie 2008, http://www.doi.gov.mt/EN/islands/dates.asp - Owen, Charles, The Maltese Islands, Praeger, http://books.google.com/books?id=OhRCAAAAIAAJ, besoek op 20 September 2011 - History of Mdina, Edrichton.com, http://www.edrichton.com/Excursions/Mdinaknights/index.htm, besoek op 31 Maart 2009 - Terterov, Marat, Doing Business with Malta, GMB Publishing Ltd, ISBN 1-905050-63-1, http://books.google.com/books?id=kc7DO3TZEYcC&pg=PA4, besoek op 20 September 2011 - Borg, Victor Paul, The Rough Guide to Malta & Gozo, Rough Guides, ISBN 1-85828-680-8, http://books.google.com/books?id=o1QO1Tk-FsMC&pg=PA331, besoek op 20 September 2011 - (PDF) Brief history of Sicily, Archaeology.Stanford.edu, 7 Oktober 2007, http://www.stanford.edu/group/mountpolizzo/handbookPDF/MPHandbook5.pdf - Brincat, M.J. (1995) Malta 870–1054 Al-Himyari's Account and its Linguistic Implications. Valletta, Malta: Said International. - Wilson, Andrew, Corpus Linguistics Around the World, Rodopi, ISBN 90-420-1836-4, http://books.google.com/books?id=jIP9WiIOtKYC&pg=PA64, besoek op 20 September 2011 - Bain, Carolyn, Malta & Gozo, Lonely Planet, ISBN 1-74059-178-X, http://books.google.com/books?id=lqHLlLsgi1IC&pg=PA22, besoek op 20 September 2011 - Blouet, B (1987), The Story of Malta (3rd ed.), Malta: Progress Press - Robert Montgomery Martin. History of the colonies of the British Empire, W. H. Allen, 1843, p. 569 - Time-Line, AboutMalta.com, 7 Oktober 2007, http://www.aboutmalta.com/history/time-Line.htm - Stefan Goodwin. Malta, Mediterranean bridge, Greenwood Publishing Group 2002. p. 31 ISBN 0897898206. - Christian Peregin, Maltese makeover, timesofmalta.com, http://www.timesofmalta.com/articles/view/20080804/local/maltese-makeover, besoek op 2 Augustus 2010 - Superintendance of Cultural Heritage, Government of Malta, http://www.culturalheritage.gov.mt/textpage.asp?p=3107&l=1&v=1, besoek op 29 November 2011 - Dennis Angelo Castillo (2006), The Maltese Cross: A Strategic History of Malta, Greenwood Publishing Group, p. 55, ISBN 978-0-313-32329-4, http://books.google.com/books?id=i5ns5LNtoiUC&pg=PA55 - Robert Montgomery Martin "Statistics of the colonies of the British empire" (1839). p. 574. - Holland, James (2003), Fortress Malta: An Island Under Siege, 1940–1943, Miramax Books, ISBN 1-4013-5186-7 - The Siege of Malta in World War Two, http://www.bbc.co.uk/history/worldwars/wwtwo/siege_malta_06.shtml, besoek op 15 April 2007 - "RUC awarded George Cross", BBC News, 23 November 1999, http://news.bbc.co.uk/2/hi/uk_news/northern_ireland/533170.stm, besoek op 21 Junie 2011 - The History of the European Union – 2000–today, http://europa.eu/abc/history/2000_today/index_en.htm, besoek op 12 Oktober 2007 - Cyprus and Malta set to join eurozone in 2008, 16 May 2007, http://www.euractiv.com/en/euro/cyprus-malta-set-join-eurozone-2008/article-163836, besoek op 12 Oktober 2007 - "Chapter 1 / The Republic of Malta / Maltese Constitution", Constitution of Malta Act, 1964, http://www.legal-malta.com/law/constitution-1.htm, besoek op 12 Oktober 2007 - Franklin, Mark N, "Electoral Participation", Controversies in Voting Behavior - Maltavoyager.com "History – The Independence", www.maltavoyager.com, http://www.maltavoyager.com/history_independence.html Maltavoyager.com - Island Landscape Dynamics: Examples from the Mediterranean, http://www.reading.ac.uk/nmsruntime/saveasdialog.aspx?lID=12783, besoek op 20 Desember 2011 - Commission for the Geological Map of the World, Geodynamic Map of the Mediterranean, http://earth.geology.yale.edu/RETREAT/maps/Mediterranean%20map2001sheet1%20tectonics&kinematics.jpg, besoek op 28 November 2008 - Geothermal Engineering Research Office Malta, http://www.gerom.org/page.asp?ID=7 - Mediterranean Forests, Woodlands and Scrub – A Global Ecoregion, Panda.org, archived from the original on 13 Maart 2008, http://web.archive.org/web/20080313050219/http://www.panda.org/about_wwf/where_we_work/ecoregions/mediterranean_forests_scrub.cfm, besoek op 28 November 2008 - The Maltese Islands, Department of Information – Malta, http://www.doi.gov.mt/en/islands/location.asp - , MET Office in Malta International Airport, http://www.maltairport.com/weather/page.asp?p=17148&l=1 - Valletta Climate Guide, http://www.weather2travel.com/climate-guides/malta/valletta.php, besoek op 5 Junie 2009 - Climate Data for Luqa, National Oceanic and Atmospheric Administration, ftp://dossier.ogp.noaa.gov/GCOS/WMO-Normals/RA-VI/ML/16597.TXT, besoek op 15 Oktober 2012 - Met Office: Climate averages 1971–2000, Met Office, http://www.metoffice.gov.uk/climate/uk/averages/19712000/sites/greenwich.html, besoek op 20 September 2011 - “Weather Information for Malta”. - IMF World Economic Outlook (WEO) – Recovery, Risk, and Rebalancing, October 2010 – Table of Contents, Imf.org, 6 Oktober 2010, http://www.imf.org/external/pubs/ft/weo/2010/02/index.htm, besoek op 1 Junie 2011 - GDP per capita in PPS, Eurostat, http://epp.eurostat.ec.europa.eu/cache/ITY_PUBLIC/2-25062009-BP/EN/2-25062009-BP-EN.PDF, besoek op 25 Junie 2009 - "The Global Financial Centres Index 10. (PDF)", Qatar Financial Centres Authority (September 2011), http://zyen.com/PDF/GFCI%2010.pdf, besoek op 7 Junie 2012 - "Cyprus and Malta to adopt euros", BBC News Business, 10 Julie 2007, http://news.bbc.co.uk/2/hi/business/6288084.stm, besoek op 12 Oktober 2007 - Michael Sammut, Charles Savona-Ventura (1996), "Petrol Lead in a Small Island Environment", International Journal of Risk & Safety in Medicine 9: 33–40, http://www.researchgate.net/publication/33384971_Petrol_Lead_in_a_Small_Island_Environment - NationMaster – Transportation statistics, http://www.nationmaster.com/country/mt-malta/tra-transportation, besoek op 19 Februarie 2007 - Ministeru għall-Infrastruttura Transport u Komunikazzjoni – Transport Pubbliku, Mitc.gov.mt, https://mitc.gov.mt/page.aspx?pageid=52, besoek op 15 September 2011 - (PDF) AAPA World Port Rankings 2008, http://aapa.files.cms-plus.com/Statistics/WORLD%20PORT%20RANKINGS%2020081.pdf, besoek op 14 November 2010 - Post and Telecommunications: Q4/2009, nso.gov.mt, http://www.nso.gov.mt/statdoc/document_file.aspx?id=2701 - "Maltese Cross on the Euro coins", Malta Media, 12 Junie 2006, http://www.dailymalta.com/wt/2006/06/maltese-cross-on-euro-coins.shtml, besoek op 12 Oktober 2007 - Malta in Figures, Malta: National Statistics Office, 2008, ISBN 978-99909-73-64-8, http://www.nso.gov.mt/statdoc/document_file.aspx?id=2326 - "More Maltese travel abroad", The Malta Independent, http://www.independent.com.mt/news.asp?newsitemid=57309, besoek op 12 Oktober 2007 - Independent Online, Independent.com.mt, 26 Maart 2009, http://www.independent.com.mt/news.asp?newsitemid=61027, besoek op 31 Maart 2009 - Malta popular with UK medical tourists, Treatmentabroad.net, 2 Mei 2008, http://www.treatmentabroad.net/medical-tourism/news/november-2007/malta-popular-with-uk-medical-tourists, besoek op 31 Maart 2009 - Malta signs Cooperation Agreement with ESA., Esa.int., http://www.esa.int/esaCP/SEMH012YRYG_index_0.html, besoek op 7 Junie 2012 - Census of Population and Housing 2005: Preliminary Report, Valletta: National Statistics Office, 2005, ISBN 978-99909-73-38-9, http://www.nso.gov.mt/statdoc/document_file.aspx?id=1653, besoek op 20 September 2011 - National Statistics Office (2005), Demographic Review 2004, Valletta: National Statistics Office, p. 59, ISBN 99909-73-32-6, http://www.nso.gov.mt/statdoc/document_file.aspx?id=1542, besoek op 20 September 2011 - World Population Day – 2006: Special Observances, Valletta: National Statistics Office, 10 Julie 2006, http://www.nso.gov.mt/statdoc/document_file.aspx?id=1719, besoek op 12 Julie 2006 - BBC News – Malta votes 'Yes' in divorce referendum, BBC, 29 Mei 2011, http://www.bbc.co.uk/news/world-europe-13588834, besoek op 1 Junie 2011 - Chapter 255. Marriage Act, Docs.justice.gov.mt, http://docs.justice.gov.mt/lom/legislation/english/leg/vol_6/chapt255.pdf, besoek op 14 November 2010 - Timesofmalta.com – Population in Malta, Gozo exceeds 410,000, Times of Malta, http://www.timesofmalta.com/articles/view/20080712/local/population-in-malta-gozo-exceeds-410-000, besoek op 12 Julie 2008 - Joseph M. Brincat (Februarie 2005), Maltese – an unusual formula, MED Magazine, http://replay.waybackmachine.org/20090207173922/http://www.macmillandictionary.com/MED-magazine/February2005/27-LI-Maltese.html - Evolution of the Maltese Language, http://www.aboutmalta.com/grazio/study2.html - Europeans and their Languages, 2006, http://ec.europa.eu/public_opinion/archives/ebs/ebs_243_en.pdf - Ignasi Badia i Capdevila (2004), A view of the linguistic situation in Malta, NovesSl, http://www6.gencat.net/llengcat/noves/hm04primavera-estiu/a_badia2_3.htm, besoek op 24 Februarie 2008 - Country profile: Malta, BBC News, http://news.bbc.co.uk/2/hi/europe/country_profiles/1045691.stm - (PDF) Europeans and languages, European Commission, September 2005, p. 4, http://ec.europa.eu/public_opinion/archives/ebs/ebs_237.en.pdf, besoek op 29 Januarie 2007 - ''Catholic Encyclopedia'', Newadvent.org, http://www.newadvent.org/cathen/09574a.htm, besoek op 31 Maart 2009 - "2011 Report of Jehovah's Witnesses Worldwide", watchtower.org, http://www.watchtower.org/e/statistics/worldwide_report.htm - International Religious Freedom Report 2003 - Malta, Bureau of Democracy, Human Rights, and Labor, United States Department of State, http://www.state.gov/g/drl/rls/irf/2003/24422.htm, besoek op 9 Januarie 2008 - EU Work permits and restrictions to labour market in EU countries-Your Europe, European Commission, Okt 2012, http://europa.eu/youreurope/citizens/work/abroad/work-permits/index_en.htm, besoek op Okt 2012 - (PDF) Frendo holds talks with three European Union Commission Members, Valletta: Ministry of Foreign Affairs, 30 Januarie 2006, http://www.foreign.gov.mt/showdoc.aspx?id=210&filesource=4&file=Press%20release%20EU%20Commissioners%20300106.pdf, besoek op 6 Julie 2006 - Sandford, Daniel (21 Oktober 2005), "Immigrant frustration for Malta", BBC News Europe, http://news.bbc.co.uk/2/hi/europe/4365030.stm, besoek op 12 Oktober 2007 - (PDF) Statement by the Minister of Foreign Affairs Dr. Michael Frendo to resident EU Ambassadors on irregular immigration in Malta, Valletta: Ministry of Foreign Affairs, 3 Julie 2006, http://www.foreign.gov.mt/showdoc.aspx?id=210&filesource=4&file=Illegal%20Immigration%20-%20Statement%20for%20EU%20Ambassadors%20030706.pdf, besoek op 6 Julie 2006 - "Immigrants refused entry into Malta", The Sunday Times (UK), 16 Julie 2006, http://www.timesofmalta.com/articles/view/20060716/local/immigrants-refused-entry-into-malta.47557, besoek op 17 Julie 2006 - Frendo, Michael (5 Julie 2005) (PDF), Illegal Immigration in Malta, Ministry of Foreign Affairs, http://www.foreign.gov.mt/showdoc.aspx?id=96&filesource=4&file=ILLEGal%20Immigrants.pdf, besoek op 6 Julie 2006 - Jones, Huw R. (1973), "Modern emigration from Malta", Transactions of the Institute of British Geographers 60: 101–119 - Attard, Lawrence E. (1989), The Great Exodus (1918–1939), Malta: Publishers Enterprises Group, http://www.maltamigration.com/history/exodus/ - King, Russell (1979), "The Maltese migration cycle: An archival survey", Area 11 (3): 245–249 - Source: Malta Migration Museum Committee - Education in Malta, http://www.aboutmalta.com/grazio/education.html, besoek op 12 Oktober 2007 - Foreign Language Learning, National Statistics Office – Malta, http://www.nso.gov.mt/statdoc/document_file.aspx?id=580, besoek op 25 Februarie 2008 - Civil Hospitals In Malta In The Last Two Hundred Years, Geocities.com, archived from the original on 26 Oktober 2009, http://www.webcitation.org/query?url=http://www.geocities.com/hotsprings/2615/medhist/hospital2.htm&date=2009-10-26+00:12:01, besoek op 31 Maart 2009 - The Health Care System in Malta_1, Sahha.gov.mt, http://www.sahha.gov.mt/pages.aspx?page=156, besoek op 31 Maart 2009 - Government Of Malta – Health Services, Gov.mt, http://www.gov.mt/servicecluster.asp?s=4&l=2, besoek op 31 Maart 2009 - Healthcare in Malta – Allo' Expat Malta, Alloexpat.com, 17 Oktober 2006, http://www.alloexpat.com/moving_to_malta_forum/healthcare-in-malta-t162.html, besoek op 31 Maart 2009 - The World Health Organization's ranking of the world's health systems, Photius.com, http://www.photius.com/rankings/healthranks.html, besoek op 8 Julie 2009 - email@example.com (2 Julie 2004), St. Philip's Hospital – A modern 75-bed hospital equipped with the latest medical technology – Malta, Stphilips.com.mt, archived from the original on 20 Oktober 2007, http://web.archive.org/web/20071020034212/http://www.stphilips.com.mt/StPhilips/hospital.asp, besoek op 31 Maart 2009 - D. Cutajar, "An Overview of the Art of Malta", Hopeandoptimism.com, http://www.hopeandoptimism.com/essay.htm, besoek op 31 Maart 2009 - Crary, David (9 September 2010), "Study finds Americans in generous mood", The Huffington Post via Burlington Free Press, http://silentrebellion.newsvine.com/_news/2010/09/09/5079433-11-most-generous-countries-of-2010 - "Patri Manwel Magri u l-Ipoġew", Lil Ħbiebna, November 2003, pp. 195–197. - Zarb, T. Folklore of An Island, PEG Ltd, 1998 ISBN 9990900973 - J. Cassar Pullicino, "A New Look at Old Customs", in Studies in Maltese Folklore, Malta University Press (1992). - Isle of MTV, Maltawiki.com, http://www.maltawiki.com, besoek op 12 Januarie 2012 - Isle of MTV 2012, http://www.gozoandmalta.com, http://www.gozoandmalta.com/galleries/index.php/Isle-of-MTV-2012---Photos-by-Clint-Gerald-Attard, besoek op 28 Junie 2012 - Malta New Years Eve Celebrations, Maltanewyearseve.com, http://www.maltanewyearseve.com, besoek op 2 Augustus 2010 - Jeff Fenech, Youngvictorboxing.com.au, http://www.youngvictorboxing.com.au/jeff_fenech2.htm, besoek op 31 Maart 2009 - Joseph Borg. Media Landscape – Malta – European Journalism Centre. Centre for Communication Technology (8 November 2010). Eksterne skakels[wysig] - Regering - Gov.mt Amptelike webwerf vir die Maltese regering - Laws of Malta 'n Opsomming van grondwette en 'n woordelys. - Laws of Malta Die webtuiste van die Amptelike wette van Malta - Staatshoof en kabinetministers - Webwerf van die Maltese gewapende magte - Malta Environment and Planning Authority's GIS - FinanceMalta amptelike webwerf - Algemene inligting - Migration Malta – 'n Inligtingsbron rondom immigrasie en Malta (wetenskaplike artikels, beleidsdokumente, persvrystellings ens.) - Malta – Wiki omtrent Malta met algemene en reisverbante inligting. - Malta se inskrywing in The World Factbook - Malta van UCB Libraries GovPubs - Malta profile van die BBC News - InforMalta (nl) - foto's, webkamera van Gozo - Nuusmedia - Reis - Amptelike Maltese toerismegids - Malta Informasie en reisgids - Malta reisgids - Malta eilandgids - Malta toerismegids Albanië | Andorra | Armenië2 | Azerbeidjan1 | België | Bosnië-Herzegowina | Bulgarye | Denemarke | Duitsland | Estland | Finland | Frankryk | Georgië1 | Griekeland | Hongarye | Ierland | Italië | Kasakstan1 | Kroasië | Letland | Liechtenstein | Litaue | Luxemburg | Malta | Masedonië | Moldowa | Monaco | Montenegro | Nederland | Noorweë | Oostenryk | Oekraïne | Pole | Portugal | Roemenië | Rusland1 | San Marino | Serwië | Siprus2 | Slowakye | Slowenië | Spanje | Swede | Switserland | Tsjeggië | Turkye1 | Vatikaanstad | Verenigde Koninkryk | Wit-Rusland | Ysland |Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.|
http://af.wikipedia.org/wiki/Malta