text
string | id
string | dump
string | url
string | date
string | file_path
string | license_abbr
string | license_version
string | license_location
string | license_in_head
bool | license_in_footer
bool | license_parse_error
bool | license_disagreement
bool | language_script
string | language
string | language_score
float64 | potential_licenses
dict |
|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Maryland
Maryland (Engels: State of Maryland) is 'n deelstaat in die Middel-Atlantiese gebied van die Verenigde State van Amerika. Dit was die sewende deelstaat om die Grondwet van die Verenigde State te bekragtig (1787 in Philadelphia, Pennsilvanië). Die hoofstad is Annapolis en die grootste stad is Baltimore. Dit het 'n bevolking van omtrent 5,8 miljoen en 'n oppervlakte van 12 407 vierkante kilometer. Maryland word in die noorde deur Pennsilvanië, in die ooste deur Delaware, in die suide deur Virginië en Washington, D.C., en in die weste deur Wes-Virginië begrens. Die Atlantiese Oseaan lê in die suide.
Deelstaat Maryland | |||||
Bynaam(e): Old Line State, Free State, Little America, America in Miniature | |||||
Amptelike taal(e) | Geen (Engels de facto) | ||||
Hoofstad | Annapolis | ||||
Grootste stad | Baltimore | ||||
Area | 42ste in die V.S. | ||||
- Totaal | 32 133 km2 | ||||
- Wydte | 145 km | ||||
- Lengte | 400 km | ||||
- Water | 2 633 km2 | ||||
- % water | 21 % | ||||
- Breedtegraad | 37° 53′ N tot 39° 43′ N | ||||
- Lengtegraad | 75° 03′ W tot 79° 29′ W | ||||
Bevolking | 19de in die V.S. | ||||
- Totaal | 5 773 552 | ||||
- Digtheid | 179,68/km2 5de in die V.S. | ||||
Hoogte | |||||
- Hoogste punt | Hoye-Crest 1 024 m | ||||
- Gemiddeld | 105 m | ||||
- Laagste punt | Atlantiese Oseaan seevlak | ||||
Toetrede tot die Unie | 28 April 1788 (7de) | ||||
Goewerneur | Martin O'Malley (D) | ||||
Luitenant-Goewerneur | Anthony G. Brown (D) | ||||
Wetgewer | Maryland Algemene Vergadering | ||||
- Hoërhuis | Senaat | ||||
- Laerhuis | Huis van Afgevaardigdes | ||||
V.S. Senatore | Barbara Mikulski (D) Ben Cardin (D) | ||||
Tydsone | UTC -5 / Somertyd -4 | ||||
Afkortings | MD US-MD | ||||
Webblad | www.maryland.gov |
Maryland was oorspronklik 'n Britse kolonie, en was een van die dertien kolonies wat teen die Britse kroon opgestaan het.
Maryland se byname is Old Line State, Free State, Little America en America in Miniature. Die deelstaat se leuse is Fatti maschii, parole femine (Italiaans: manlike dade, vroulike woorde).
Verenigde State van Amerika | ||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
|
<urn:uuid:323af803-6e63-42ac-b07f-8decf2a696f7>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Maryland
|
2019-07-15T18:11:30Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195523840.34/warc/CC-MAIN-20190715175205-20190715201205-00153.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.993352
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Soedan (gebied)
Die Soedan, van Arabies: بلاد السودان, Bilād as-Sūdān, "lande van die Swartes", is 'n geografiese gebied in Wes- en Oostelike Afrika wat suid van die Sahel strek van Mali (voorheen bekend as Frans-Soedan) tot in die land Soedan.
Die Soedan streek oor die lande Benin, Burkina Faso, Ethiopië, Gambië, Ghana, Guinee, Ivoorkus, Kameroen, Mali, Niger, Nigerië, Senegal, die Sentraal-Afrikaanse Republiek, Soedan, Suid-Soedan, Togo, Tsjad en Uganda. In die gebied woon etniese groepe soos Hausa en Fula wat in historiese tye belangrike ryke gestig het.
Die gebied ontvang meer reënval as die Sahel, en is geskik vir landbou. Suid van Soedan is die tropiese reënwoude geleê. Die gebied beheer twee van Afrika se langste riviere, die Kongorivier en die Nylrivier.
|
<urn:uuid:e7b83592-898c-4154-8633-41f01f1766dc>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Soedan_(gebied)
|
2019-07-15T17:54:00Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195523840.34/warc/CC-MAIN-20190715175205-20190715201205-00369.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999872
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Swazi Wikipedia
Swazi Wikipedia | |
---|---|
Tipe webblad | Wiki |
Taal(e) | Swazi |
Registrasie | Opsioneel |
Eienaar | Wikimedia Stigting |
Outeur | Die gemeenskap |
Huidige status | Aktief |
URL | http://ss.wikipedia.org/ |
Die Wikipedia het tans 2 205 bladsye, waarvan 470 artikels is. Dit het 5 887 geregistreerde gebruikers, waarvan 14 as aktief gereken word. Hierdie gebruikers het in totaal 36 473 wysigings aangebring en 0 lêers opgelaai.
|
<urn:uuid:2641c001-a2f0-4a00-9741-ebe24039aa58>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Swazi_Wikipedia
|
2019-07-17T00:46:36Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525004.24/warc/CC-MAIN-20190717001433-20190717023433-00257.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.996428
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Soweto-opstand
Leerders uit talle skole in Soweto het in die strate gaan betoog teen die regering se instelling van Afrikaans as die onderrigtaal in swart skole.[2] Nagenoeg 20 000 leerders het aan die protesaksie deelgeneem en die polisie het met brutale geweld teen hulle opgetree. Die dodetal, wat oor die algemeen as amptelike syfers genoem word, is 176, maar daar word geraam dat tot 700 dood is.[3][4][5] Ter herdenking aan die gebeure van 16 Junie 1976 is die 16de Junie deesdae in Suid-Afrika 'n openbare vakansiedag, genaamd Jeugdag.[6]
Inhoud
Oorsake van die opstand[wysig | wysig bron]
Swart Suid-Afrikaanse hoërskole het in opstand gekom teen die regeringsbesluit in 1974 wat alle swart skole verplig het om Afrikaans te gebruik, en Engels op 'n 50-50 grondslag, as die tale van onderrig.[7] Die streeksdirekteur van Bantoe-onderwys, (Noord-Transvaal-streek) J.G. Erasmus, het aan kring-inspekteurs en skoolhoofde gesê dat vanaf 1 Januarie 1975 moet Afrikaans gebruik word vir leerders vanaf standerd vyf (graad 7) in wetenskap, wiskunde, en sosiale wetenskappe. Engels, as die onderrigtaal vir algemene wetenskap en praktiese vakke soos; huishoudkunde, naaldwerk, houtwerk, metaalwerk, kuns en landbouwetenskap.[7] Inheemse tale mag net gebruik word vir godsdiensklasse, musiek en liggaamsopvoeding.[8]
Die assosiasie van Afrikaans met apartheid het die kinders laat verkies om in Engels klas te kry. Selfs die Bantoestan-regerings het Engels en 'n inheemse taal as ampstale verkies. Engels het ook 'n vername status begin kry as die taal wat die meeste in die handel en nywerheid gebruik word. Die 1974 regeringsbesluit se doel was om die afname in die gebruik van Afrikaans onder die swart bevolking om te keer. Die Afrikaner-oorheersde regering het 'n klousule van 'n wet, wat in 1909 met die stigting van die Unie van Suid-Afrika uitgevaardig is, en wat net Engels en Hollands as ampstale aanvaar het (die Hollands is in 1925 met Afrikaans vervang), as verskoning gebruik om Afrikaans af te dwing.[9] Terwyl alle skole klasse in beide Afrikaans en Engels moes aanbied, is blanke Suid-Afrikaners in hul moedertaal opgevoed.
Punt Janson, die adjunk-minister van Bantoe-onderwys, is aangehaal waar hy gesê het: "'n Swartman kan opgelei word om in fabrieke en op plase te werk. Hy mag vir 'n werkgewer werk wat Engels of Afrikaans praat, en die man wat hom opdragte gee mag Afrikaans of Engels praat. Hoekom moet ons nou begin stry oor die medium om opdragte uit te deel? ...Nee, ek het nie met hulle hieroor beraadslaag nie, en ek is ook nie van plan om dit te doen nie. Ek het die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika geraadpleeg..."[10]
Die regeringsbesluit oor Afrikaans is met diepe minagting deur die swart bevolking bejeën — soos dit met die woorde van Desmond Tutu, biskop van Lesotho en later biskop van Johannesburg — beskryf is as, "die taal van die onderdrukker". Onderwysers-organisasies soos die African Teachers Association of South Africa, het ernstige besware teen die taaldekreet van die regering geopper.[11] 'n Verandering in die onderrigtaal het die leerders verplig om meer te fokus om die taal te probeer verstaan, as wat daar gefokus kon word om die vakmateriaal te bestudeer en te begryp. Dit het die kritiese analise van die vakke se inhoud moeilik gemaak en kritiese denke onder die leerders ontmoedig.[12]
Die weersin het opgebou totdat die sweer op 30 April 1976 oopgebars het, en die leerders van die Orlando West Junior School in Soweto begin staak, en geweier het om skool toe te gaan. Hulle rebellie het gou uitgebrei na ander skole in Soweto. Swart leerders het in opstand gekom want hulle het geglo in hul reg om op dieselfde vlak as wit Suid-Afrikaners behandel te word, en opvoeding te kry. 'n Leerder van Morris Isaacson High School, Teboho "Tsietsi" Mashinini, het 'n vergadering vir 13 Junie 1976 belê om 'n plan van aksie te bespreek. Die leerders het 'n aksiekomitee gestig, wat later as die Soweto Students' Representative Council bekend geword het,[13] en daar is op 'n massabyeenkoms vir 16 Junie besluit sodat die leerders hul misnoë kan wys.
Opstand[wysig | wysig bron]
Die oggend van 16 Junie 1976 het tussen 10 000 en 20 000[14] swart leerders van hul onderskeie skole met 'n opmars na die Orlando-stadion begin vir 'n saamtrek om teen Afrikaans in hul skole te betoog. Baie van die leerders, wat aan die opstand deelgeneem het, het daardie oggend niksvermoedend by hul skole opgedaag sonder voorafkennis, maar spontaan deelgeneem. Die protesaksie is deur die Soweto Students' Representative Council's (SSRC) Action Committee,[15] gereël met die steun van die groter Swartbewussynsbeweging. Soweto se onderwysers het die protesaksie gesteun nadat die Aksiekomitee hulle verseker het dat dit vreedsaam en gedissiplineerd sou wees.
Tsietsi Mashinini het die leerders vanaf die Morris Isaacson High School gelei om by die ander, wat vanaf die Naledi High School gestap het, aan te sluit.[16] Onderweg na die stadion ontdek die leerders dat die polisie die pad op hul beplande roete versper. Die leier van die aksiegroep het almal gevra om nie die polisie uit te lok nie en 'n ander roete is gebruik wat die leerders uiteindelik terugbring het tot naby die Orlando hoërskool.[17] Die groep, van tussen 3 000 tot 10 000 leerders, het al singende in die rigting van die skool beweeg met plakkate soos, "Down with Afrikaans", "We are not Boers", "Viva Azania" en "If we must do Afrikaans, Vorster must do Zulu."[18][19]
Die polisie het hul hond op die optoggangers losgelaat en die dier is doodgemaak.[20] 'n Traangasbom is tussen die leerders ingeskiet en hulle het begin om klippe en bakstene te gooi. Die polisie het toe op die leerders begin skiet.[19]
Een van die eerste leerders wat doodgeskiet is, was die 13-jarige Hector Pieterson. Hy is by die Orlando West High School geskiet en het die simbool van die Soweto-opstand geword.[21] Die polisie se aanvalle het aangehou en 23 mense is op die eerste dag van die opstand dood. Een van twee wit sterfgevalle was Dr. Melville Edelstein wat sy lewe gewy het aan maatskaplike werk onder die swartmense.[22] Hy is uit 'n kantoor gesleep en deur sy aanvallers met grawe doodgeslaan,[19] en/of met klippe gegooi. 'n Plakkaat, "Beware Afrikaners" om sy nek agtergelaat.[23]
Die geweld het uitgebrei namate drankwinkels en biersale — as buiteposte van die apartheidsregering — geteiken is vir aanvalle. Motors is aan die brand gesteek[19] en staatsgeboue in die gebied is geteiken. Die geweld het snags afgeneem en die polisie het die strate regdeur die nag gepatrolleer.
Noodklinieke is oorval met beseerde en bloeiende kinders. Die polisie het die hospitaal opdrag gee om vir hul lyste te gee met name van slagoffers met koeëlwonde. Die hospitaal se administrateur het dit deurgegee na die dokters, maar hulle het geweier om sulke inligting beskikbaar te stel. Die dokters het koeëlwonde as "absesse" aangeteken.[13][21]
Die swaar gewapende 1 500 polisielede, wat op 17 Junie in Soweto ontplooi is, is met automatiese gewere, haelgewere en handkarabyne uitgereik.[13]Hulle het in pantservoertuie rondgery, en met helikopters gesirkel wat uit die lig alles gemonitor het. Die Suid-Afrikaanse leër is ook op bystand gesit as 'n taktiese maatreël om die militêre mag te illustreer. Die enigste skarebeheer wat die polisie destyds kon toepas was om die mense uiteen te jaag.
Ongevalle[wysig | wysig bron]
Die dodetal word gewoonlik as 176 aangegee, maar daar was nagenoeg 700 sterfgevalle.[4] Die oorspronklike amptelike staatsyfer was dat net 23 leerders dood is;[24] die aantal gewondes was oor 'n duisend geraam.
Nabetragting[wysig | wysig bron]
Na die opstand kon die ANC homself vestig as die leidende organisasie in die anti-apartheidstryd, aangesien die organisasie die beste daarin geslaag het om die leerders, wat teen apartheid in opstand gekom het, vir die stryd te organiseer. Alhoewel die swart bewussynsorganisasies se idees belangrik was om die klimaat te skep wat die leerders die selfvertroue gegee het om in opstand te kom, was dit die ANC se nie-rassige sieninge wat die diskoers van die anti-apartheidsbeweging onder die swart bevolking gedomineer het. Joe Slovo se werkstuk, No Middle Road, wat rondom die tyd van die Soweto-opstand geskryf is, met sy voorspelling dat die apartheidsregering net twee vooruitsigte het; verdere onderdrukking, of 'n oorname deur die rewolusionêres — het 'n groot invloed gehad tydens die opstand.[25]
Die geweld het ook losgebars in 'n tyd waar die Suid-Afrikaanse regering internasionaal onder druk was om apartheid te "transformeer" na 'n meer "heilsame" vorm van apartheid. Transkei, die eerste Bantoestan, is in Oktober 1976 deur die Suid-Afrikaanse regering as "onafhanklik" verklaar. Dié poging om aan die wêreld Suid-Afrika se "toewyding" tot selfbeskikking te wys het egter lelik geboemerang toe die Transkei internasionaal as 'n vasalstaat uitgekryt is.
Vir die staat was die opstand die mees fundamentele uitdaging van apartheid tot dusver en die ekonomiese en politieke onstabiliteit wat dit veroorsaak het, is nog verder vererger met die strenger internasionale boikotte teen die land. Dit het nog 14 jaar langer gevat voordat Nelson Mandela vrygelaat is, maar die regering kon nooit weer die relatiewe vrede en sosiale stabiliteit van die vroeë 1970's herstel nie, as gevolg van die groeiende swart weerstand.
Baie wit Suid-Afrikaanse burgers was woedend oor die regering se optrede in Soweto, en sowat 300 wit studente van die Universiteit van die Witwatersrand het uit protes teen die doodmaak van kinders, deur die middestad van Johannesburg gestap. Swart werkers het begin staak en by die leerders aangesluit namate veldtog groter geword het. Die oproere het ook na swart woongebiede in ander stede begin uitbrei.
Studenteorganisasies het die energie en die woede van die jeug na politieke weerstand gelei. Studente in Tembisa het daarin geslaag om 'n suksesvolle en nie-gewelddadige solidariteitsmars te reël, maar 'n soortgelyke poging is in Kagiso deur die polisie getuit en teruggedryf met vyf mense wat doodgeskiet is. Die geweld het eers teen 18 Junie begin afneem. Die universiteit van Zoeloeland se rekords- en administrasiegeboue is aan die brand gesteek, en 33 mense is in Augustus in voorvalle in Port Elizabeth doodgeskiet. In Kaapstad sterf 92 mense in Augustus en September.
Die meeste bloedvergieting het teen die einde van 1976 aan 'n einde begin kom, maar teen daardie tyd was die dodetal al meer as 600 mense.
Die voortslepende geweld in Soweto het groot ekonomiese onstabiliteit veroorsaak. Die Suid-Afrikaanse Rand se waarde het vinnig geval en die regering is in 'n krisis gedompel.
Die African National Congress druk en versprei pamflette met die slagspreuk: "Free Mandela, Hang Vorster", wat die taalkwessie onmiddellik koppel aan die bevrydingsorganisasie se rewolusionêre erfenis en help om sy rol as die leier in die stryd te vestig.
Internasionale reaksie[wysig | wysig bron]
Die VN se veiligheidsraad aanvaar Resolusie 392 wat die voorval en die Suid-Afrikaanse regering ten sterkste veroordeel.[26]
'n Week na die opstand begin, ontmoet Henry Kissinger, die Amerikaanse minister van buitelandse sake, vir John Vorster in Wes-Duitsland om oor die situasie in Rhodesië te praat, maar die Soweto-opstand kom nie ter sprake nie.[27] Kissinger en Vorster ontmoet weer in September 1976 in Pretoria, terwyl die polisie op betogers skiet wat elders teen sy besoek beswaar maak.[28]
Uitgeweke lede van die African National Congress (ANC) eis internasionale optrede en meer ekonomiese sanksies teen Suid-Afrika.
In die media[wysig | wysig bron]
Beeldmateriaal en foto's van die opstande skok miljoene mense oor die wêreld. Die foto van Hector Pieterson se lyk, soos dit deur die fotojoernalis, Sam Nzima se kamera vasgevang is, is oorsee met skok en verontwaardiging ontvang en internasionale veroordeling van die regering het van oral ingestroom.
Die Soweto-opstand is in die 1987-rolprent van die regisseur Richard Attenborough, Cry Freedom, vasgevang, asook in die 1992 musiekfilm, Sarafina! Die betogings was ook die inspirasie vir André P. Brink se roman, 'n Droë Wit Seisoen, en die rolprent met dieselfde titel in Engels, A Dry White Season.[29]
Sien ook[wysig | wysig bron]
- Hastings Ndlovu, eerste persoon wat tydens die opstand geskiet is
- Hector Pieterson, slagoffer van wie 'n sensasiefoto die wêreld ingestuur is
- Jeugdag, op 16 Junie gevier
Verwysings[wysig | wysig bron]
- The birth and death of apartheid. URL besoek op 17 Junie 2002.
- The Youth Struggle http://www.sahistory.org.za/pages/governence-projects/june16/june16.htm, 30.10.13
- 16 June 1976 Student Uprising in Soweto. africanhistory.about.com
- Harrison, David (1987). The White Tribe of Africa.
- (Les Payne of Newsday said at least 850 murders were documented) Elsabe Brink; Gandhi Malungane; Steve Lebelo; Dumisani Ntshangase; Sue Krige, Soweto 16 June 1976, 2001, 9
- 16 Junie 1976: 'This is our day'.
- Sifiso Mxolisi Ndlovu. "The Soweto Uprising". The Road to Democracy in South Africa (PDF). 2. South African Democracy Education Trust. p. 327. Besoek op 30 Oktober 2011.
- Alistair Boddy-Evans. The Afrikaans Medium Decree. About.
- Giliomee, Hermann (2003), The Rise and Possible Demise of Afrikaans as a Public Language, Cape Town: PRAESA, http://www.praesa.org.za/files/2012/07/Paper14.pdf, besoek op 17 Maart 2013
- Sifiso Mxolisi Ndlovu. "The Soweto Uprising". The Road to Democracy in South Africa (PDF). 2. South African Democracy Education Trust. pp. 331–32. Besoek op 30 Oktober 2011.
- The Youth Struggle,The 1976 Students' Revolt. South African History Online.
- Sifiso Mxolisi Ndlovu. "The Soweto Uprising". The Road to Democracy in South Africa (PDF). 2. South African Democracy Education Trust. pp. 327–328. Besoek op 30 Oktober 2011.
- The 1976 Students' Revolt. South African History Online.
- John Allen, Rabble-Rouser For Peace
- The Soweto uprising 1976. socialistworld.net.
- http://www.joburg.org.za/2006/june/jun12_june16.stm
- http://www.joburg.org.za/2006/may/may23_mputhistreet.stm
- F.I.J. van Rensburg. Soweto, 1976: 'n Inklusiewe herbegin 30 jaar later? (Afrikaans). Die Vrye Afrikaan.
- Annette Marié Jordaan (2004). "Mites rondom Afrikaans". Universiteit van Pretoria. Besoek op 8 September 2016.
- "Policemen involved in June 16 Shootings have to Explain: Morobe". SAPA. 23 Julie 1996. Besoek op 8 February 2016.
- Sifiso Mxolisi Ndlovu. "The Soweto Uprising". The Road to Democracy in South Africa (PDF). 2. South African Democracy Education Trust. p. 344. Besoek op 30 Oktober 2011.
- soweto uprisings . com :: blog
- Colin Martin Tatz; Peter Arnold; Gillian Heller (2007). Worlds apart: the re-migration of South African Jews. Rosenberg Publishing. p. 174. ISBN 978-1-877058-35-6.
- April Francis; Vanessa Marchese. Apartheid South Africa and the Soweto Rebellion. Hofstra University.
- Southern Africa: the new politics, ed Basil Davidson, Penguin Books, 1976
- Resolution 392(1976) of 19 June 1976. URL besoek op 16 Junie 2016.
- Mitchell, Nancy (2016). Jimmy Carter in Africa: Race and the Cold War. Stanford University Press.
- "Talks opened by Kissinger as riots flare". The Spokesman – Review. 18 September 1976.
- (1 Maart 1990) “Miriam Makeba Welela”. Musician (137). Besoek op 17 Maart 2015.
Verdere leesstof[wysig | wysig bron]
- Baines, Gary. "The Master Narrative of South Africa's Liberation Struggle: Remembering and Forgetting June 16, 1976, International Journal of African Historical Studies (2007) 40#2 bl. 283–302 in JSTOR
- Brewer, John D. After Soweto: an unfinished journey (Oxford University Press, 1986)
Eksterne skakels[wysig | wysig bron]
- "S. Africa marking Soweto uprising" – BBC
- Guardian Unlimited audio recording of Antoinette Sithole (Pieterson) on the Soweto uprising
- An extensive mashup with info on the events on 16 June 1976
- Youth and the National Liberation Struggle 1894–1994, South African History Online
- The June 16 Soweto Youth Uprising, South African History Online
- Helena Pohlandt-McCormick. "I Saw a Nightmare…" Doing Violence to Memory: The Soweto Uprising, 16 June 1976 Columbia University Press, 2005
|
<urn:uuid:1012d18b-bc4a-4114-b764-4f4bd6c4aba7>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Soweto-opstand
|
2019-07-17T00:48:15Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525004.24/warc/CC-MAIN-20190717001433-20190717023433-00497.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999861
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Hendrik Prinsloo
Kommandant Hendrik Prinsloo (1861 – 7 November 1900) het geveg in beide die Eerste Vryheidsoorlog sowel as die Tweede Vryheidsoorlog. Hy is gebore naby Kroonstad en na sy pa vernoem. Hy is 'n afstammeling van Hendrik Frederik Prinsloo wat tydens die Slagtersnek-rebellie gesterf het. As kind het hy saam met sy ouers na Lydenburg verhuis. Sy eerste aksie as soldaat het tydens die Eerste Vryheidsoorlog plaasgevind. Hy het daarna aan die Mapogveldtog deelgeneem en word in 1896 aangestel as veldkornet. Daarna neem aan die veldtog deel teen Hoofman Mphephu. In 1899 word hy aangestel as kommandant van sy kommando.
Na die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog is hy na die grens met Swaziland gestuur. Hiervandaan is hy na Natal waar hy deelneem aan die Slag van Spioenkop. Hy en sy burgers beïndruk met hulle dapperheid. Hy sterf op 7 November tydens 'n aanval teen die Britse magte naby Carolina.
|
<urn:uuid:bc45e5aa-61b2-4058-8df9-32e78c0ed1af>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Hendrik_Prinsloo
|
2019-07-19T12:19:54Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526237.47/warc/CC-MAIN-20190719115720-20190719141720-00257.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 1.000006
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
1-2 Samuel
1 SamuelWysig
In hierdie boek speel die profeet Samuel 'n belangrike rol as leier en profeet wat die wil van die Here aan Saul bekend maak en hom tot koning salf en daarna ook vir Dawid tot koning salf. Die boek beskryf die oorgang van die tyd dat God leiers stuur om vir Israel te lei en te red, na dié van 'n gevestigde koninkryk onder Dawid. Samuel en Saul is in die jare die leiers: Samuel as profeet, priester en leier, Saul as eerste koning onder wie se regering elkeen in 'n groot mate nog doen soos in die tyd toe daar nog nie 'n koning in Israel geregeer het nie.
Nadat die Here vir Saul oor sy sonde gestraf en vir Dawid tot koning laat salf het, word Saul se leierskap al hoe swakker en dié van Dawid al hoe sterker. Die rede is: die Here het 'n bose gees in Saul se lewe gestuur, terwyl die Gees van die Here van die dag af dat Dawid tot koning gesalf is, kragtig in hom gewerk het.
2 SamuelWysig
Hierdie boek is na Samuel vernoem, al is hy reeds oorlede, want hy het vir Dawid, die hooffiguur in dié boek, tot koning gesalf. Die boek Samuel beskryf hoe Dawid eers koning net oor die Judastam was en later, na 'n burgeroorlog, oor al die stamme, hoe hy talle vreemde nasies oorwin en sy grondgebied uitbrei, maar hoe sy ryk dan weer amper verbrokkel deur sy sonde met Batseba.
BronWysig
- Die Bybel: Nuwe vertaling (Bybelgenootskap van Suid-Afrika)
|
<urn:uuid:cf840902-8c07-4d40-a93c-49eca04d272d>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/1-2_Samuel
|
2019-07-23T07:26:53Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529007.88/warc/CC-MAIN-20190723064353-20190723090353-00249.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 1.00001
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Bespreking:Quimper
Jump to navigation
Jump to search
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Quimper-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. |
Artikelriglyne
Daaglikse bladtrekke | |
|
<urn:uuid:ec2a4c80-501a-4dc8-9413-8f1e6bccc747>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Quimper
|
2019-07-18T06:59:12Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525524.12/warc/CC-MAIN-20190718063305-20190718085305-00265.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999987
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Sea Harrier
Sea Harrier | |
---|---|
'n Sea Harrier by die Royal International Air Tattoo. | |
Tipe | Vloot V/STOL aanvalsvegter |
Vervaardiger | Hawker Siddeley British Aerospace |
Vrygestel | 20 August 1978 (FRS1) 2 April 1993 (FA2) |
Onttrek | Maart 2006 (Britse Vloot); 6 Maart 2016 (Indiese Vloot)[1] |
Status | uit diens gestel |
Hoofgebruikers | Britse Vloot(histories) Indiese Vloot(histories) |
Aantal gebou | 111 |
Eenheidskoste | £13.9 miljoen (1991) |
Weergawes | Hawker Siddeley Harrier |
Die Sea Harrier is 'n kort opstyg en vertikale landing/vertikale opstyg en landing straalvegter, verkenning en aanvalsvliegtuig vir vlootgebruik; die tweede lid van die Harrier-familie wat ontwikkel is. Dit is as die Sea Harrier FRS1 in die Britse Vloot in diens ontplooi in April 1980.[2] Die subsoniese Sea Harrier het lugverdediging ter see voorsien vir die Koninklike Vloot se vliegdekskepe.
Falklandoorlog[wysig | wysig bron]
Die Sea Harrier het in die Falklandoorlog en die Balkankonflikte diens gedoen. By alle geleenthede is dit hoofsaaklik bedryf vanaf vliegdekskepe geposisioneer binne die konfliksone. Sy gebruik in die Falklandoorlog was sy hoogste profiel en lewer belangrike suksesse, waar dit die enigste vaste-vlerk vegter was wat beskikbaar was om die Britse taakmag te beskerm. Die Sea Harriers het 20 vyandige vliegtuie afgeskiet tydens die konflik met slegs een verloor weens vyandige grondgeskut. Hulle is ook gebruik vir grondaanvalle op dieselfde wyse as die Harriers wat geopereer is deur die Britse Lugmag.
Ontwerp[wysig | wysig bron]
Die Sea Harrier is 'n subsoniese vliegtuig wat ontwerp is om aanvals-, verkenning en vegterrolle te vervul.[3] Dit beskik oor 'n enkele Rolls-Royce Pegasus turbowaaierenjin met twee innames en vier verstelbare spuitpunte. Dit het twee landingswiele op die romp en twee buitelandingswiele onder die vlerke. Die Sea Harrier is toegerus met vier vlerk- en drie romphegpunte om wapens en eksterne brandstoftenks aan te monteer.[4] Deur die gebruik van die skihelling kan die vliegtuig van 'n kort vlugdek opstyg met 'n swaarder vrag as wat andersins moontlik sou wees. Dit kan egter ook soos 'n konvensionele vegter van 'n normale lughawe se aanloopbaan opstyg, sonder om van die vektorspuite gebruik te maak.[5]
Galery[wysig | wysig bron]
'n Paar Indiese Sea Harriers vlieg saam met 'n F/A-18F Super Hornet van die VS Vloot tydens Malabar 2007.
Verwysings[wysig | wysig bron]
- "India Retires Sea Harriers".
- Ward, p. 50.
- Jenkins 1998, p. 52.
- Spick 2000, pp. 366–370, 387–392.
- Bull 2004, p. 121.
|
<urn:uuid:3e31c53b-2e44-41aa-9c0f-73c22dc9b1fe>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Sea_Harrier
|
2019-07-15T20:50:40Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524111.50/warc/CC-MAIN-20190715195204-20190715221204-00553.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999958
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Bespreking:Hudson's Bay Company
Jump to navigation
Jump to search
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Hudson's Bay Company-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. |
Artikelriglyne
Daaglikse bladtrekke | |
|
<urn:uuid:6ebfc427-67e4-4f9c-a9ad-fed1542589c8>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Hudson%27s_Bay_Company
|
2019-07-23T08:04:00Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529007.88/warc/CC-MAIN-20190723064353-20190723090353-00393.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999982
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Ysland
Volkslied: Lofsöngur (Yslands vir: "Lofsang") | |||||
Hoofstad | Reykjavik
Grootste stad | Reykjavik | ||||
Amptelike tale | Yslands | ||||
Regering | Unitêre parlementêre grondwetlike republiek Guðni Th. Jóhannesson Katrín Jakobsdóttir | ||||
Onafhanklikheid Vorming
• Vestiging • Yslandse Statebond • Unie met Noorweë • Deense monargie • Eerste grondwet • Koninkryk • Republiek |
9de eeu 930–1262 1262–1814 1380–1944 5 Januarie 1874 1 Desember 1918 17 Junie 1944 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
102 775[1] km2 (106de) 39 682 myl2 2,7 | ||||
Bevolking - 6 November 2018-skatting - Digtheid |
355 620[2] (172ste) 3,2 / km2 (233ste) 8,3 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2017-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2017-skatting | ||||
MOI (2015) | 0,921[4] (9de) – baie hoog | ||||
Gini (2015) | 23,6[5](2de) – laag | ||||
Geldeenheid | Króna (ISK )
Tydsone - Somertyd |
WET (UTC±00) nie toegepas nie (UTC±00) | ||||
Internet-TLD | .is | ||||
Skakelkode | +354 |
Ysland (Yslands: Ísland [ˈistlant]) is 'n Europese eilandnasie tussen Groenland en die vasteland van Europa. Met 'n oppervlakte van 102 775 vierkante kilometer en 'n bevolking van omtrent 350 000 is Ysland die kleinste en, vanweë sy ligging in die Noord-Atlantiese Oseaan ver van die Europese vasteland af, ook die mees geïsoleerde van die Nordiese of Skandinawiese lande. Sestig persent van die Yslandse bevolking is in die metropolitaanse gebied van die hoofstad Reykjavik in die suidweste van die land gekonsentreer.
Ysland is die grootste vulkaaneiland ter wêreld, die tweede grootste eiland in Europa (ná Groot-Brittanje) en ook die mees ylbevolkte land van Europa.[6] Alhoewel Ysland in politieke opsig deel uitmaak van Europa, lê die eiland op die geologiese grenslyn tussen Europa en Noord-Amerika, die Mid-Atlantiese Rug (MAR). Ysland het sy ontstaan dan ook aan vulkaniese uitvloeisels van hierdie rif te danke. Die aardkors breek hier op en die rif groei nog steeds jaarliks met enkele sentimeters.
'n Gordel van onlangs aktiewe vulkane en breuke in die aardkors loop dwarsdeur die eiland, van Axafjördur in die noorde tot by die eilandgroep Vestmannaeyjar in die suide. 'n Vertakking van hierdie gordel loop tot by Reykjanes, terwyl die skiereiland Snæfellsnes in Wes-Ysland deur 'n vulkaniese buitesone omring word. In die afgelope 1100 jaar sedert die Noorse volksplanting op die eiland was daar tussen 150 en 200 vulkaanuitbarstings in die aktiewe sones, en op sommige plekke het selfs aansienlike vulkaankeëls gevorm.
Die vulkaan Hekla in die suidweste het in die tydperk tussen 1100 en 1970 ten minste vyftien keer uitgebars. Gedurende argeologiese opgrawings is vroeë boerderye ontdek wat onder Hekla se aswolke begrawe was. 'n Hewige uitbarsting in die jaar 1783 het weiland en vee grootskaals verniel en in die hongersnood, wat op die natuurramp gevolg het, het sowat 'n kwart van die destydse Yslandse bevolking gesterf. Onlangse vulkaanuitbarstings het onder meer in 1963 'n nuwe eiland, Surtsey, langs die suidweskus laat ontstaan, terwyl die stad Vestmannaeyjar-Karpstadur op die nabygeleë eiland Heimaey net tien jaar later gedeeltelik verwoes is.
Ysland was onbewoon tot teen die 9de eeu, toe Kelties-Britanniese en Wiking-setlaars hulle as boere op die eiland gevestig het. Ysland het die langste demokratiese tradisie van alle lande ter wêreld met 'n vroeë parlement, die Alþingi, wat uit die jaar 930 dateer.
Ysland was aanvanklik 'n Noorse besitting en het later 'n deel van die Deense koninkryk gevorm. In 1918 het die land 'n selfregerende gebied geword en in 1944 'n onafhanklike republiek met 'n direk verkose president. Die land is lid van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO).
In ekonomiese opsig het die land van 'n geïsoleerde agrariese gemeenskap tot 'n hoëtegnologie-ekonomie ontwikkel wat vir sy burgers 'n baie hoë lewenstandaard verseker.
Inhoud
- 1 Geografie
- 2 Klimaat
- 3 Fauna
- 4 Flora
- 5 Geskiedenis
- 5.1 Die vroeë Middeleeue
- 5.2 Die Yslandse regstelsel: Die Alþingi
- 5.3 Kulturele selfbewussyn en die ontdekking van Amerika
- 5.4 Die 13de eeu: Die tydperk van die Sagas
- 5.5 Die 15de of "Engelse" eeu
- 5.6 Die 16de en 17de eeu – Reformasie, boekdrukkuns en Deense absolutisme
- 5.7 Die 18de en 19de eeu
- 5.8 Die moderne tydperk
- 6 Politiek
- 7 Demografie
- 8 Taal en kultuur
- 9 Ekonomie
- 10 Kookkuns
- 11 Verwysings
- 12 Bronne
- 13 Eksterne skakels
Geografie[wysig | wysig bron]
Eiland van vuur en ys[wysig | wysig bron]
Ysland behoort tot die jongste grondgebiede ter wêreld en sy ontstaan is te danke aan sy ligging op die Mid-Atlantiese Rif. Die eiland het vermoedelik sowat twintig miljoen jaar gelede uit die Atlantiese Oseaan begin verrys toe twee magmabronne gelyktydig begin het om vloeibare gesteentes opeen te hoop en hierdie geologiese "geboorte" duur nog steeds voort. Op baie plekke in Ysland is die jong landmassa nog besig om vuur en warm water te spu en bied uitstekende navorsingsgeleenthede vir geowetenskaplikes.
Die grootste deel van die eiland is gevorm tydens of ná die laaste ystydperk. Die oudste deel van die eiland lê in die noordweste en word in Yslands die "Wesfirdi" of "Wesfjorde" genoem. Die jongste deel is die eilandjie Surtsey wat ontstaan het tydens 'n vulkaanuitbarsting in 1963.
Langs die noorde van die eiland vloei die koue golfstroom en die warm golfstroom vloei langs die suide van die land. Gekoppel aan die wind wat meestal van suid na noord oor die eiland waai is die klimaat in Reykjavik (Suidwes-Ysland) kouer as in Europa, maar nog steeds gematig. In Akureyri daarenteen word as gevolg van bergwinde groot temperatuurskommelinge aangeteken.
Ysland word omring deur die Atlantiese Oseaan, die Straat van Denemarke (tussen Ysland en Groenland) en die Noordelike Yssee. Die land se mees noordelike punt lê net effens suid van die Noordpoolsirkel en is geografies op ongeveer dieselfde breedtegraad as die middel van Swede.
Die hoofeiland beslaan 102 700 van die totale oppervlakte van 103 125 vierkante kilometer. Saam met sy visserysone beslaan Ysland sowat 758 000 vierkante kilometer.[7]
Vulkanisme[wysig | wysig bron]
Ysland bestaan grotendeels uit lae- en mediumgrootte berge, tafelberge wissel af met aktiewe en slapende vulkane en kalderas, waartussen kronkelende riviere met baie watervalle 'n weg na die see baan. Die berge is selde bebos.
Die land staan bekend vir sy geisers en sy vulkane, waarvan sommige nog aktief is soos byvoorbeeld Öræfajökull (tewens die hoogste berg), Laki, Hekla, die Eldfell, Snæfellsjökull en die eiland Surtsey, wat eers in 1963 as gevolg van vulkaniese aktiwiteit ontstaan het. Minder bekende vulkane sluit in Dimmuborgir, Herfjall, Krafla en Námaskarð. Daar is sowat 200 vulkane wat in drie groot vulkaanstelsels oor die eiland verdeel is en sedert die Noorse volksplanting meer as 1 100 jaar gelede is daar tussen 250 en 500 uitbarstings aangeteken. Die grootste vulkaanstelsel strek van die suidooste van Ysland tot by die noordooste en loop langs die Mid-Atlantiese Rif waar die Eurasiese en Amerikaanse Plaat jaarliks sowat twee sentimeter van mekaar wegbeweeg. Die rif word egter met lawa, wat uit die binneste van die aarde opstyg, weer opgevul. Die Mid-Atlantiese Rif is in die noorde van Ysland sowat 40 kilometer en in die suide sowat 60 kilometer wyd en strek oor sowat 'n kwart van die land se oppervlakte. Die rif word gekenmerk deur 'n gordel van vulkaankraters, stomende warmwaterbronne, solfatare (gebiede met 'n hoë temperatuur) en gereelde aardbewings.
Die twee ander sentrums van vulkaniese aktiwiteit is die skiereiland Snæfellsnes en die hartland van Suid-Ysland. Baie valleie is in die verlede opgevul deur die lawa van groot vulkaanuitbarstings waardeur daar soms hele lawavlaktes ontstaan het. Naas die gloeiende lawa hou gletserlope die grootste bedreiging vir mense in Ysland in. Sommige vulkane word deur die yslaag van 'n gletser oordek wat tydens 'n uitbarsting afsmelt en in 'n magtige vloedgolf van water, modder en stene na die see toe stroom. Die mees gevreesde vulkane van hierdie soort is Grímsvötn, wat onder die yslaag van die Vatnajökull-gletser lê, en Katla, wat ook die "Ou Heks" genoem word, onder die Mýrdalsjökull-gletser. Die laasgenoemde bars gereeld uit en het met sy lawa en gesteentes, wat na die see gestroom het, die eiland met enkele vierkante kilometers vergroot.
Naas dié natuurlike "landwinning" hou Ysland se vulkaniese vuur ook voordele vir die plaaslike bevolking in. Die land pronk met die grootste aantal warmwaterbronne wêreldwyd wat vir geotermiese kragopwekking ingespan word. Meer as 80 persent van die Yslanders beskik oor geotermiese verwarming. Geotermiese energie verwarm ook 'n groot aantal klein swembaddens wat orals in Ysland aangelê is en die kweekhuise in die omgewing van Hverargerði waar blomme en groente (en selfs tropiese vrugte soos lemoene en piesangs vir navorsingsdoeleindes) gekweek word om Ysland meer onafhanklik van duur ingevoerde landbouprodukte te maak.
Sneeuvelde en gletsers[wysig | wysig bron]
Ysland, wat uit magmabronne in die binneste van die aarde ontstaan het, lyk soos 'n stoomketel wat steeds onder druk staan. Nogtans is die oppervlakte van die eiland grotendeels deur koue en ys gevorm. Tydens die laaste groot gletserperiode van die Ystydperk was die hele land met gletsers bedek, wat die fjorde langs die wes-, noord- en ooskus in die landmassa gesny en die steil rotswande en bergspitse gevorm het.
Sowat 10 000 jaar gelede het die Yslandse landmassa ná die afsmelting van die groot gletsers met hul reusegewig geleidelik begin verrys. Maar die eiland het tot vandag toe 'n wêreld van ys en gletsers gebly. Die huidige gletsers dateer nie uit die laaste groot gletsertydperk nie, maar het gedurende 'n koueperiode omtrent 500 v.C. ontstaan. Tans is meer as 13 persent van Ysland se oppervlak met sneeuvelde en gletsers bedek. Baie van die gletsers lê op vulkane, en vulkaanuitbarstings is vanweë die daarmee gepaardgaande gletserlope 'n groot bedreiging vir toeriste wat moontlik in die afgeleë gebiede bly.
Die binneland is grootliks onbewoon en is dikwels slegs toeganklik vir vierwielaangedrewe voertuie. Vroeër was die onherbergsame "Hoogland", soos dit dikwels genoem word (alhoewel dit nouliks hoër verrys as die kusgebiede), 'n toevlugsoord vir bannelinge. Ódáðahraun, die grootste lawaveld van Ysland met 'n oppervlakte van 4 500 vierkante kilometer, lê noord van die Vatnajökull en is deur die lawastrome van talle vulkaanuitbarstings gevorm. Die lawaveld dra die kenmerkende naam "Misdadigerswoestyn". Die bekendste uitgestotene, wat hier in die 18de eeu twee dekades lank oorleef het, was Fjalla-Eyvindur.
Die kusgebiede[wysig | wysig bron]
Die meerderheid van die Yslandse bevolking is in die vrugbare kusgebiede gekonsentreer wat sowat sewe persent van die eiland beslaan. Die hoofstadgebied van Reykjavik is Ysland se enigste groot stedelike sentrum.
Van die Wesfirdi in die noordweste langs die noorde tot aan die ooste van die land word die kuslyn gekenmerk deur groot en klein fjorde en baaie. Baie fjorde is in die wintermaande slegs oor die water bereikbaar en is selfs in die somer slegs toeganklik met vierwielaangedrewe voertuie. Dit is dan ook nie verbasend dat daar sedert die Tweede Wêreldoorlog 'n ontvolking van hierdie gebiede is nie. In die suide word die kuslyn gekenmerk deur 'n byna volkome afwesigheid van natuurlike inhamme, 'n resultaat van die oorspoeling van die streek deur die smeltwater van Vatnajökull. Die weskus word weer gekenmerk deur breë fjorde en baaie.
Klimaat[wysig | wysig bron]
Ysland het 'n koel-gematigde oseaniese klimaat wat deur die relatief warm Irminger-seestroming (5 °C) aan die suidkus en die koue Groenland-seestroming aan die noordoos- en suidweskus beïnvloed word. In baie dele van die eiland word hoë neerslae aangetref wat van jaarliks tot 2 000 mm in die suidelike vlaktes tot maksimaal 4 000 mm op die Vaatnajökull kan varieer. Die hoogplato's van Noord-Ysland is die droogste streek met 'n jaarlikse reënval van minder as 600 mm.
Die vroeë somermaande is die droogste tyd van die jaar, alhoewel neerslae in die algemeen sterk varieer. die noordoostelike landsdele is droër aangesien die wolke, wat vanuit suidelike rigting op hul baan oor Ysland beweeg, hul reën dikwels al oor die uitgestrekte Vatnajökull-gletser uitgiet. So het die gebied rondom die Mývatn-meer meer sonskynure as ander streke. Noordwind het die teenoorgestelde effek – die reën sak dan in die noorde uit, terwyl Suid-Ysland warm en sonnige weer het.
Danksy die matigende invloed van die warm Golfstroom het Ysland 'n geriefliker klimaat as ander streke op dieselfde noordelike breedtegraad. Matige winter en relatief koel somers is kenmerkend vir die eiland, waarby die hoogste temperature tussen die middel van Junie en laat Augustus of die middel van September aangeteken word.
Die gemiddelde daaglikse temperature wissel tussen 0 tot 3 °C in die winter en 12 tot 15 °C in die somer, met soms merkbaar laer temperature in die binneland. In enkele streke styg die kwik in die somermaande bo 20 °C. Vanweë die invloed van die Golfstroom kom sneeuvalle nie gereeld in Suid-Ysland voor nie.
In die laat 20ste en vroeë 21ste eeu is in Ysland ook hoër gemiddelde temperature aangeteken sodat enkele gletsers begin terugtrek het of – in die geval van kleiner gletsertonge soos Ok – selfs heeltemaal afgesmelt het. Hierdie effek het in 2007 – een van die warmste jare wat ooit in Ysland aangeteken is – 'n nuwe hoogtepunt bereik toe binne twaalf maande meer ys gesmelt het as in die hele laaste dekade. As gevolg van stygende temperature en merkbaar laer sneeuvalle het gebiede ysvry geword wat tevore sedert 1550 ononderbroke deur 'n yslaag bedek was.[8]
Fauna[wysig | wysig bron]
Soogdiere[wysig | wysig bron]
In die kort periode sedert die laaste glasiale tyd, wat sowat 10 000 jaar gelede geëindig het, was daar geen tyd vir die ontwikkeling van 'n groot verskeidenheid fauna nie. Tans is daar net sewe wilde soogdierspesies in Ysland: Poolvosse, rendiere, Amerikaanse nertse, bruinrotte, swartrotte, veldmuise en huismuise.[9] In die tydperk voor 1900 het soms ook Groenlandse ysbere op drywende ysskotse aan die Yslandse kus beland.
Die poolvos (Alopex lagopus) is die enigste inheemse soogdier wat in Ysland reeds voor die Noorse kolonisasie natuurlik voorgekom het. Poolvosse het waarskynlik teen die einde van die laaste Ystydperk oor die bevrore oseaan na Ysland gekom. Alle ander soogdierspesies is eers later opsetlik of per ongeluk ingevoer.
Die poolvosse se dieet bestaan hoofsaaklik uit voëls en voëleiers; vroeg in die somer is kuikens wat uit hulle neste geval het maklike prooi. Poolvosse is daarnaas ook aasvreters wat die karkasse van dooie rendiere en skape eet. Boere het poolvosse vroeër daarvan verdink dat hulle ook jag op lewende skape sou maak en het hulle probeer uitroei. Die vosse is egter hoogstens in staat om siek diere aan te val.[10]
Die sogenaamde Yslandperde se genetiese voorouers is deur die oorspronklike Wiking- en Keltiese setlaars na Ysland gebring en het sedertdien 'n suiwer inheemse ras gebly. Yslandperde mag uitgevoer word, maar die invoer van perde word nie toegelaat nie. Ook die dertien voorouers van die huidige sowat 3 000 rendiere is oorspronklik in 1773 uit Noorweë ingevoer, tog het die rendierteelt en -jag nooit tot 'n winsgewende bedryf ontwikkel nie. Die Yslandse rendiere kom tans as wilde diere in die oostelike hoogland voor.
'n Ander belangrike spesies vir plaaslike veetelers, wat met die Noorse volksplanting ingevoer is, is Yslandskape. Ysland se oorspronklike uitgestrekte berkebosse is deur die vroeë setlaars afgekap om die bestaande weivelde te vergroot. Skape mag tydens die kort Yslandse somer vry beweeg en word eers in die najaar weer na hulle stalle gedryf.
Die Yslandse skaaphond is die enigste inheemse honderas – en ook een van die oudste honderasse ter wêreld. Sy voorouers het uit Noorweë en ander Noord-Skandinawiese gebiede soos Finnmark en Norrbotten saam met die eerste setlaars na Ysland gekom. Die honde het op die geïsoleerde eiland tot 'n eie ras ontwikkel wat dwarsoor die land voorkom. Met slegs 3 300 diere wêreldwyd is hulle nogtans 'n baie seldsame honderas.
Seehonde of robbe is tipiese bewoners van die Yslandse kusgebiede, terwyl pesdiere soos rotte en muise op skepe ingevoer is. Amerikaanse nertse word deur die plaaslike pelsbedryf geteel, en diere wat daarin geslaag het om uit hul hokke te ontsnap het vanweë die gebrek aan natuurlike vyande tot 'n plaag en bedreiging vir ander dierspesies ontwikkel.
Voëllewe[wysig | wysig bron]
In teenstelling met ander dierspesies is Ysland 'n natuurlike habitat vir talle see- en landvoëls. Met sowat 78 voëlspesies wat op die eiland nes maak – waaronder eidereende, swane, seldsame valke, sneeuhoenders, Arktiese sterretjies, papegaaiduikers, seldsame see-arende en malgasse – en 300 spesies wat reeds hier waargeneem is, is Ysland 'n paradys vir voëlkykers. Sommige voëlspesies oorwinter op die eiland voordat hulle in die somer na hulle verder noordwaarts geleë nesplekke terugvlieg. Vir ander spesies is Ysland net 'n tussenstasie op hulle lang reis, en enkele voëls beland per ongeluk hier nadat hulle deur stormwinde na Ysland gewaai is. Die meeste Yslandse spesies kom ook in ander dele van Noord-Europa voor, terwyl ysduikers (Gavia immer), Yslandse brilduikers (Bucephala islandica) en harlekyn- of kraageende net in die noordelike en Arktiese gebiede van Ysland, Groenland en Noord-Amerika inheems is.
Daar is miljoene papegaaiduikers en watervoëls (26 spesies) wat hier 'n baie geskikte habitat vind. Maar in teenstelling met die res van die wêreld, waar sowat 60 persent van alle voëlspesies sangvoëls is, is hulle aandeel op die eiland beperk tot sowat 17 persent – veral vanweë die knypende tekort aan nesplekke op bome en geskikte voedsel soos insekte.[11]
Die Arktiese roofmeeu se vleis en eiers was eeue lank 'n gewilde bestanddeel van die Yslanders se dieet – die tranige vleis het selfs as brandstof gedien.[12] Daarenteen is die raaf, wat dikwels ook Krummi genoem word, vroeër as die uitverkore voël van die Nordiese god Odin vereer. Later is profetiese eienskappe aan hierdie voël toegeskryf – rawe wat op 'n vensterbank gekras het, het sodoende die afsterwe van 'n familielid voorspel, terwyl 'n opgewonde raaf na dreigende gevaar op see verwys het. Die meeste Yslandse boereplase het ten minste een paar rawe en die gewildheid van die manlike voornaam Hrafn (letterlik "raaf") verwys na die besondere rol van hierdie voël.
Die seearend (Haliaeetus albicilla), wat nou verwant is aan die gelyknamige Amerikaanse wapendier, is naas valke die bekendste roofvoëlspesies in Ysland. Hy bereik 'n grootte van tot by 90 sentimeter en 'n spanwydte van tot by 2,5 meter. Die getal seearende het van sowat 200 tot 300 broeipare, wat in die 19de eeu voorgekom het, afgeneem tot net tien in 1920 nadat boere hierdie voëls as beweerde lam-, kuiken- en eierdiewe afgeskiet het. Die arende word sedert 1913 beskerm en tans is daar weer tussen 35 en 40 broeipare.[13]
Flora[wysig | wysig bron]
Die Arktiese klimaat en vulkaanaktiwiteite maak Ysland 'n minder geskikte habitat vir die meeste plante, en as gevolg van die ystydperke het baie plantspesies, waaronder ook mammoet- en esdoringbome, verdwyn. Die huidige Yslandse flora het sy oorsprong gedeeltelik in Noord-Amerika (tien Yslandse plantspesies kom nie in die res van Europa voor nie, maar wel in Groenland en Noord-Amerika), maar meer as tagtig persent van die plaaslike spesies kom daarnaas ook in Noorweë of op die Britse Eilande voor.
Die Noorse volksplanting het met grootskaalse ontbossing gepaard gegaan. Oorspronklik was sowat 'n vyfde van die eiland bebos, terwyl die huidige bosgebiede nog slegs sowat een persent van Ysland se oppervlakte beslaan. Die grootste bosgebiede lê by die Lögurinn-meer in die ooste van die land en in die Þórsmörk-vallei. Ander beboste gebiede het op plekke, wat goed teen die wind beskerm is, bewaar gebly, soos byvoorbeeld in Vaglaskógur naby Akureyri, in die Ásbýrgi-ravyn en in die Nasionale Skaftafellpark. Klein struikgewasse, erikas en ander plantspesies kom soms teen berghange voor wat vroeër deur skaaptelers ontbos is.
Net soos die inheemse is ook alle ingevoerde wilde plantspesies by die Arktiese klimaat aangepas. Lupiene, wat in Junie perskleurige bloeisels dra, is eers ná die Tweede Wêreldoorlog in Ysland ingevoer. Met hul digte wortels wat diep in die grond anker vorm hulle 'n natuurlike beskerming teen winderosie en verryk die grond daarnaas ook met stikstof. Naas lupiene word ook duingrasse soos strandhawer ingespan om winderosie teen te werk.
Geskiedenis[wysig | wysig bron]
Die vroeë Middeleeue[wysig | wysig bron]
Die Yslanders is nasate van Wiking- en Keltiese setlaars; die eerste nie-permanente bewoners van die eiland was Ierse monnike wat in die 7de eeu tydelik as hermiete op die eiland gebly het. Vir hulle was Ysland 'n geskikte plek vir hul vlug uit die wêreld en meditasie-oefeninge. Die monnike se klein kluise is tydens die latere Noorse immigrasiegolwe verniel, en die monnike het die eiland verlaat.
Die Sweedse Wiking, Garðar Svavarsson, wat omtrent 870 in Húsavík in die noorde van Ysland oorwinter en die eiland na homself vernoem het (Garðarsholmur), word as die Skandinawiese ontdekker van Ysland beskou. Volgens historiese oorlewerings in die Landnámabók het die Wiking-seevaarder Flóki Vilgerðarson, 'n seerower uit Noorweë, later drie rawe as navigasie-instrumente ingespan om na die eiland Garðarsholmur te seil. Een van die rawe het verder suidwaarts na die Faroëreilande gevlieg; die tweede, wat enkele dae later uitgestuur sou word, het geweier om die skip te verlaat; en die derde het in weswaartse rigting gevlieg. Flóki het hom gevolg en aan die Yslandse weskus voet aan wal gesit. Hy was die eerste Wiking-setlaar in die "Land van Vuur en Ys", soos dit later by die Wiking-setlaars bekend gestaan het, en het die bynaam "Rawe-Flóki" gekry.[14] Die vee, wat hy saamgebring het, het egter reeds in die eerste winter vanweë die tekort aan hooi verhonger, en Flóki het die eiland in die lente as 'n verbitterde man weer verlaat en dit "Ysland" genoem.[15]
Ysland het nogtans feitlik onbewoon gebly totdat die Noorse Wiking Ingólfur Arnarson hom as die eerste Skandinawiese setlaar in 874 in die gebied van die huidige Reykjavik gevestig het. Ysland was sodoende die laaste gebied in Europa waar menslike nedersettings gevestig is.
Die belangrikste historiese bron vir die kolonisasie van Ysland is die Landnámabók of "Boek van Nedersetting" wat in die 12de eeu ontstaan het en 'n gedetailleerde verslag van die Skandinawiese immigrasie gee. Die boek beskryf hoe Skandinawiese seevaarders die eiland per ongeluk ontdek het. Volgens geskiedkundiges moet die kolonisasie van Ysland ook in die konteks van die destydse mags- en gebiedsuitbreiding van Wiking-gemeenskappe gesien word – moontlik as gevolg van 'n bevolkingsaanwas in Skandinawië en die gepaardgaande tekort aan landbougrond.[16]
Volgens die Landnámabók het die eerste immigrasiegolf uit sowat 400 Wiking-mans, hul Keltiese vroue en slawe en hul vee bestaan; hulle het vermoedelik uit Ierland of Skotland gekom en is deur die eerste drie ontdekkers se berigte na Ysland gelok.[17] Die setlaars wat hulle veral in die periode tussen 874 en 930 op die eiland gevestig het, was merendeels heidense Wikings uit Noorweë, ander Skandinawiese gebiede en vanuit die Noorse nedersettings op die Britse Eilande wat naby die kus groot landgoedere gestig en hulle op veeteelt en graanboerdery toegespits het. Die plase wat op Ysland aangelê is, lyk baie op dié wat deur Wiking-emigrante in Skandinawië en op die Shetland- en Orkney-eilande agtergelaat is.
Een van die vroeë plase wat in Hofstadir (Noord-Ysland) bewaar gebly het, bestaan uit 'n sentrale kamer, 'n klein gesinskamer aan een kant en 'n newevertrek. Gewoonlik het die Wikings hulle Ierse slawe voor die ploeg gespan.[18] Danksy die gewildheid van Ysland het die bevolking eksponensieel gegroei tot meer as 20 000 mense in 930 wat van Ysland een van die grootste destydse Wiking-nedersettings gemaak het.[18] Die mans wat Ysland toe gekom het, was grotendeels setlaars uit Noorweë wat die gesag van die plaaslike koning wou ontkom. Hulle het ondanks hulle lewe as boere op Ysland nogtans steeds seevaarders gebly en met hulle houtbote Groenland en Kanada in die weste bereik.
Die Yslandse regstelsel: Die Alþingi[wysig | wysig bron]
Die setlaars was Noorse vryburgers wat hul tradisionele stelsel van selfregerende gemeenskappe ook in Ysland gevestig het. Demokratiese strukture van selfbestuur dateer terug na die begin van die 10de eeu en volgens historiese oorlewerings is in 1030 'n Yslandse gesant na Noorweë gestuur om meer kennis van die Noorse regstelsel te kry en dit later op Ysland by die plaaslike omstandighede aan te pas.[19]
Die jaarlikse vergadering van vryburgers het geleidelik tot die eiland se regsprekende en wetgewende gesag ontwikkel, terwyl die uitvoerende gesag nog steeds deur plaaslike hoofde uitgeoefen is. In die jaar 930 het vir die eerste keer 'n gemeenskaplike þing, die sogenaamde Alþingi of "algemene volksvergadering" en eerste Yslandse parlement, op 'n sentraal geleë plek, die Þingvellir-vlakte wat destyds nog in gemeenskaplike besit was, plaasgevind. Die Yslandse Alþingi het jaarliks in die somer vergader om oor regsake en nuwe wette te beslis. Die laagste vlak van plaaslike owerhede was die hreppar of plaaslike distrikte waar die plattelandse bewoners hul gemeenskapsake gereël het.
Die vergadering van hoofde of Alþingi word as die oudste parlement in die Westerse wêreld beskou. Weens die gebrek aan 'n sentrale bewind het die plaaslike hoofde oor 'n groot magsbasis en invloed beskik, alhoewel Ysland formeel onder die gesag van die Noorse koningshuis gebly het. Baie belangrike historiese gebeurtenisse het tydens die Alþingi plaasgevind, soos die amptelike omskakeling na Christendom in die jaar 1000 of die eerste ooreenkoms wat met 'n ander land gesluit is: in 1022 het die Yslanders en die Noorse koning Olafur Haraldsson die regte van Yslanders in Noorweë en dié van Nore in Ysland gekodifiseer.
Die kerstening van Ysland is deur die Noorse konings bevorder, nadat Olaf Tryggvason in 996 reeds Christelike sendelinge na die eiland gestuur het wat voor die Alþingi gepredik het.
Die nuwe Christelike godsdiens is in 1000 amptelik ingevoer, maar net geleidelik deur die bevolking aangeneem. Die ou religieuse tradisies en praktyke is nog oor 'n lang tydperk in die geheim beoefen. 'n Plaaslike kerkorganisasie het eers in die jaar 1056 ontstaan toe die Yslander Ísleif Gizurarson in Skálholt (Suid-Ysland) tot biskop benoem is. Die eerste in 'n reeks kloosters, wat tot kulturele en opvoedkundige sentrums ontwikkel het, is in 1133 in Thingeyri gestig.
Die bevolkingsgroei en die ontstaan van 'n nuwe sosio-ekonomiese klas van welvarende landeienaars het 'n politieke hervorming noodsaaklik gemaak, en in 1065 is Ysland in vier gebiede verdeel wat elkeen oor sy eie vergadering en drie plaaslike hoofde (gothar) as uitvoerende gesag beskik het.
Kulturele selfbewussyn en die ontdekking van Amerika[wysig | wysig bron]
Die 11de eeu was 'n periode van groeiende kulturele selfbewussyn soos uit die Yslandse sagas blyk wat tot by die 13de eeu ontstaan het. In die 12de eeu is talle Latynse tekste in Ysland geskryf en die geskiedskrywer Ari die Wyse word as een van die uitstekendste kroniekskrywer van die Westerse wêreld beskou.
Reeds in die laat 10de eeu het Yslanders onder die bevel van Erik die Rooie Groenland ontdek en eerste nedersettings gestig, en Yslanders was ook die eerste Europeërs wat omtrent 1000 op die Noord-Amerikaanse vasteland voet aan wal gesit het. Pogings om 'n permanente nedersetting in Vínland, 'n gebied suid van die Wiking-basis in die noorde van die eiland Newfoundland, te stig het egter misluk.
Die 13de eeu: Die tydperk van die Sagas[wysig | wysig bron]
Tydens die laat Middeleeue het Ysland, wat in 1262 die oppergesag van die Noorse koning in 'n verdrag erken het, deel uitgemaak van die Kalmarunie waarin die Skandinawiese lande verenig het.
Die 13de eeu staan bekend as die Goue Tydperk van die Yslandse literatuur, en die plaaslike sagas behoort tot die klassieke literêre werke van die Europese Middeleeue. Snorri Sturluson (1178–1241), 'n Yslandse hoof wat hom ook as geskiedskrywer bekwaam het, was die bekendste sagaskrywer. Sy belangrikste werke sluit die Heimskringla, 'n geskiedenis van die Noorse konings, en die "Jonger Edda", 'n afhandeling oor digkuns en Nordiese mitologie, in.
Die periode tussen 1220 en 1262, wat ook as die "Tydperk van die Sturlungs" bekend staan, was nogtans ook deur politieke twiste en burgeroorloë gekenmerk. Uiteindelik was die Yslanders gedwing om hulle aan die gesag van die Noorse koning te onderwerp.
Terwyl die Alþingi sy status as wetgewende orgaan steeds kon handhaaf, is in 1281 'n nuwe monargiese regskode, die sogenaamde Jónsbók, deur die Yslandse volksvergadering aanvaar. Toe Noorweë, Denemarke en Swede in 1397 in die Kalmarunie saamgesluit het, het Ysland onder die gesag van die Deense Kroon gekom, maar kon sy oorspronklike grondwetlike status steeds handhaaf.
Die 15de of "Engelse" eeu[wysig | wysig bron]
Die 15de eeu staan in Ysland ook as die "Engelse eeu" bekend – dit was 'n periode waartydens die twee lande nou betrekkinge gehandhaaf het en Engelse handelskepe het gereeld Yslandse hawens aangedoen. Nogtans was dit ook 'n eeu wat deur 'n groot bevolkingsverlies gekenmerk is – tussen 1402 en 1404 het talle Yslanders aan die Swart Dood beswyk.
Die 16de en 17de eeu – Reformasie, boekdrukkuns en Deense absolutisme[wysig | wysig bron]
Jón Arason, die biskop van Holar, het in die 1530's die boekdrukkuns in Ysland ingevoer, en reeds in 1540 is die Nuwe Testament in 'n Yslandse vertaling gepubliseer. 'n Volledige Yslandse Bybeluitgawe is in 1584 deur die destydse biskop van Holar, Guðbrandur Þorláksson, uitgereik.
Die Reformasie is in 1550 deur die Deense koning deurgevoer, ondanks die felle weerstand van plaaslike Rooms-Katolieke. Die Lutherse protestantisme is – met die Deense koning as kerkhoof – tot amptelike godsdiens van Ysland verklaar. Die besittings van die Rooms-Katolieke Kerk is deur die Deense staat gekonfiskeer en die Katolieke biskop en volksheld Jón Arason is op bevel van die koningshuis onthoof. Die Deense Kroon het sodoende sy gesag in Ysland verstewig.
Die Yslanders se vryehandel met die Hansestede en Engeland is in 1602 deur 'n Deense handelsmonopolie 'n nekslag toegedien, en in 1662 is die absolutistiese en erflike monargiese regeringstelsel van Denemark ook op Ysland toegepas. Die Deense beleid het vir Ysland net negatiewe gevolge ingehou: Op politieke gebied moes die Alþingi baie van sy grondwetlike regte aan die Deense koningshuis afstaan, terwyl die Yslandse ekonomie deur die Deense handelsmonopolie geknel is. Die klimaatsveranderinge van die 15de en 16de eeu met hul koue winters en koel somers het tot voedseltekorte gelei en Ysland se moeilikhede nog aansienlik verskerp. Tot teen die 17de eeu is duisende Yslanders dood van honger en koue en ook die vulkaanuitbarstings en aardbewings van die jare 1618, 1619, 1625, 1626, 1660 en 1693 het menselewens geëis.[20]
Die 18de en 19de eeu[wysig | wysig bron]
As gevolg van 'n reeks natuurrampe en gepaardgaande hongersnode en epidemies word die 18de eeu as die mees tragiese in die Yslandse geskiedenis beskou en die bevolking het in hierdie tydperk duidelik afgeneem. In die jare tussen 1707 en 1709 het Ysland onder 'n pokke-epidemie deurgeloop wat 18 000 menselewens geëis het.[21] Vulkaanuitbarstings en aardbewings het in die 18de eeu voortgeduur en die uitbarsting van die vulkaan Laki in 1783 word as een van die ergste ooit in die geskiedenis van die aarde beskou.[21] Die vulkaanas het destyds dwarsdeur die aardbol se atmosfeer versprei en Ysland het sowat 'n derde van sy bevolking as gevolg van hongersnode verloor.
Teen die einde van die eeu is die Alþingi asook die ou biskopsetels in Skálholt en Holar ontbind en die hele land is in een bisdom met die hoofstad Reykjavik as setel verenig.
Die Deense owerhede het in 1787 die bepalings van die handelsmonopolie gewysig en aan alle onderdane die reg toegeken om in Ysland handel te dryf. Enkele dekades later, in 1845, is ook die Yslandse Alþingi danksy die inisiatief van 'n groep studente onder leiding van Jón Sigurðsson as 'n raadplegende vergadering herstel, terwyl die parlement na die hoofstad Reykjavik verskuif is. Sigurðsson word nog steeds as Ysland se nasionale held beskou en sy verjaardag op 17 Junie word as nasionale dag van Ysland gevier. Þingvellir het in 1928 die eerste nasionale park van Ysland geword. Die buitelandse handel is in 1855 volledig geliberaliseer.
Klimaatsveranderinge in Ysland en hul negatiewe uitwerkings op die plaaslike landbou het in die tydperk tussen 1870 en 1914 sowat 20 000 Yslanders gedwing om 'n nuwe heenkome in Noord-Amerika, veral Kanada, te vind.[22][23]
Ter geleentheid van sy millenniumfeesvierings in 1874 het die Deense owerhede 'n nuwe grondwet en die gesag oor sy finansiële sake aan Ysland toegestaan.
Die moderne tydperk[wysig | wysig bron]
Volgens die Ierse voorbeeld van Home Rule is in 1904 Hjemmestyre, 'n stelsel van selfregering, ingevoer. Die eerste Yslandse minister met 'n ampswoning op die eiland, wat vir die Alþingi verantwoordelik was, is benoem.
In 1918 het Ysland, wat tot dusver net 'n Deense besitting was, 'n soewereine gebied onder die Deense kroon geword. Volgens 'n ooreenkoms tussen Denemarke en Ysland was Kopenhagen verantwoordelik vir Ysland se buitelandse sake en sy kuswag, soos vasgelê deur die Yslandse regering. Met die Duitse besetting van Denemarke op 10 April 1940 het hierdie ooreenkoms tot 'n einde gekom. Ysland is op 10 Mei van dieselfde jaar ongeag sy neutraliteit deur Britse en vanaf 1941 tot by die einde van die oorlog in 1945 deur Amerikaanse troepe beset om 'n Duitse inval te voorkom. Alhoewel Ysland nie regstreeks by die oorlogshandelinge betrokke was nie, is 'n aantal Yslandse skepe deur die oorlogspartye gesink en talle Yslanders het hulle lewens verloor.
Aangesien die unie tussen Ysland en Denemarke in 1944 as gevolg van die Tweede Wêreldoorlog nie verleng kon word nie, is die onafhanklike Republiek Ysland op 17 Junie 1944 in Þingvellir formeel geproklameer. Ysland, wat self nie oor 'n weermag beskik nie, het in 1951 'n tweesydige verdedigingsooreenkoms met die Verenigde State aangegaan en Amerikaanse troepe het na hulle Yslandse lugmagbasis in Keflavík teruggekeer. Alhoewel die basis in September 2006 gesluit en alle 650 Yslandse werknemers ontslaan is, word Ysland op militêre gebied nog steeds deur die Verenigde State beskerm.
Ysland het sy visserysone in 1952 van drie tot vier seemyl en in 1958 tot twaalf seemyl uitgebrei – 'n stap wat tot die eerste sogenaamde "Kabeljou-oorlog" met die Verenigde Koninkryk gelei het. Twee latere "Kabeljou-oorloë" het in 1972 en 1975 uitgebreek toe Ysland sy visserysone tot vyftig en tweehonderd seemyl uitgebrei het.
Ysland het in 1946 'n lidstaat van die Verenigde Nasies en in 1949 'n stigtingslid van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie geword. Op ekonomiese gebied het Ysland 'n stigtingslid van die Organisasie vir Europese Ekonomiese Samewerking (OEES, later OESO) geword, in 1964 by die GATT-ooreenkoms en in 1970 by die Europese Vryhandelsvereniging (EVHV) aangesluit. Ysland was daarnaas ook 'n stigtingslid van die Europese Ekonomiese Gebied wat in 1994 tot stand gekom het en die EVHV-lidstate (met uitsondering van Switserland) en die Europese Unie insluit.
Politiek[wysig | wysig bron]
Staatsvorm[wysig | wysig bron]
Volgens die grondwet van 1944 is Ysland 'n republiek. Die staatspresident, wat vir 'n ampstermyn van vier jaar regstreeks verkies word, fungeer as staatshoof en hoof van die Evangelies-Lutherse staatskerk. Die huidige staatspresident is Ólafur Ragnar Grímsson (sedert 1996; hy is in 2008 en 2012 onbestrede herkies).
Die 63 lede van die parlement of Alþing word vir 'n termyn van vier jaar proporsioneel verkies. Die tweekamerstelsel is in 1991 afgeskaf en Ysland se parlement het tans net een kamer. Alle burgers vanaf 18-jarige ouderdom is stemgeregtig.
In administratiewe opsig is Ysland verdeel in 8 geweste met altesaam 98 munisipaliteite.
Parlement[wysig | wysig bron]
In die laaste verkiesing op 28 Oktober 2017 het agt partye setels in die parlement verower:
- die Onafhanklikheidsparty (Sjálfstæðisflokkur, kort D, liberaal-konserwatief, 16 (–5) setels),
- die Linksgroen Beweging (Vinstrihreyfingin – grænt framboð, kort VG, links-sosiaaldemokraties, 11 (+1) setels),
- die Sosiaaldemokratiese Alliansie (Samfylkingin, kort XS, sosiaaldemokraties, 7 (+4) setels),
- die Sentrumparty (Miðflokkurinn, kort M, euroskepties, 7 (–) setels),
- die Progressiewe Party (Framsóknarflokkur, kort FSF, links-liberaal, 8 (±0) setels),
- Pirate (Píratar, ten gunste van deelnemende, regstreekse demokrasie, 6 (–4) setels),
- Volksparty (Flokkur fólksins, euroskepties, 4 (+4) setels) en
- Reformparty (Viðreisn, pro-europees, 4 (–3) setels).
Die Sosiaaldemokratiese Alliansie het ná die samesmelting van die vroeëre partye Volksalliansie (AL), Sosiaaldemokratiese Party (SF), Vroue-alliansie en Volksontwaking ontstaan.
Regering[wysig | wysig bron]
Die Onafhanklikheidsparty en die Sosiaaldemokratiese Alliansie het op 23 Mei 2007 'n koalisieregering gevorm wat oor 'n tweederdemeerderheid in die parlement beskik het. Die Eerste Minister was Geir Hilmar Haarde, voorsitter van die Onafhanklikheidsparty, terwyl mevrou Ingibjörg Sólrún Gisladóttir (Sosiaaldemokratiese Alliansie) as Minister van Buitelandse Sake gedien het.
Die hoofoogmerke van die regeringsbeleid was: die konsolidasie van die ekonomiese groeikoers (met gepaardgaande lae inflasie), die regstelling van die nadelige handelsbalans, omgewingsbewaring as 'n prioriteit beskou, groot nywerheidsprojekte deur die parlement goedgekeur word en nie in natuurbewaringsgebiede opgerig word nie.
Ná betogings oor die finansiële krisis in die land het die regering op 26 Januarie 2009 bedank. Op 1 Februarie het Jóhanna Sigurðardóttir Eerste Minister van die tydelike koalisieregering van die Sosiaaldemokratiese Alliansie en die Linksgroen Party geword. Die regering het nie oor 'n meerderheid in die parlement beskik nie, tog het die Sosiaaldemokratiese Alliansie en die Linksgroen Party in die algemene verkiesing op 25 April 2009 'n volstrekte meerderheid setels in die parlement behaal.
In die algemene verkiesing, wat op 27 April 2013 gehou is, het die Onafhanklikheidsparty en die Progressiewe Party 'n volstrekte meerderheid setels in die parlement verower. Die konserwatiewe partyleier Bjarni Benediktsson het 'n koalisieregering met die Progressiewe Party gevorm en onderhandelinge met die Europese Unie oor Ysland se toetreding afgebreek.
Na die laaste verkiesing op 28 Oktober 2017 is 'n koalisieregering uit 'n linksgroen, 'n liberale konserwatiewe en 'n agrariese party onder Katrín Jakobsdóttir gevorm.
Vakbonde[wysig | wysig bron]
Meer as negentig persent van alle Yslandse werknemers is in vakbonde georganiseer.[24] Die Yslandse Werkersfederasie met 65 000 lede is in 1916 gestig. Die grootste enkele vakbond, die Vereniging van munisipale en staatswerkers, bestaan sedert 1942. Die Yslandse Federasie van Werkgewers is in 1934 gestig, en ook ambagsmanne, industriële ondernemings en boere het hul eie federasies in die lewe geroep.
Buitelandse beleid[wysig | wysig bron]
Die buitelandse beleid van Ysland konsentreer veral op die samewerking met ander Nordiese lande, die NAVO-lidmaatskap en die militêre ooreenkoms met die Verenigde State, die Europese politiek (alhoewel Ysland tans nie lid van die Europese Unie is nie) en die solidariteit met ander kleiner lande in Europa soos byvoorbeeld die Baltiese republieke.[25]
Die samewerking met ontwikkelende lande en Ysland se deelname aan internasionale vredesendings speel 'n steeds belangriker rol in die land se buitelandse beleid.
Die Nordiese samewerking, wat sy oorsprong in kulturele en historiese bande met die ander Skandinawiese lande het, bly die sentrale element in Ysland se buitelandse beleid. Om die Nordiese Paspoortunie ná die toetrede van Denemarke, Swede en Finland tot die Schengen-ooreenkoms te kan bewaar, het Ysland in 2001 saam met Noorweë die Schengen-deurvoeringsooreenkoms onderteken.
Ysland is daarnaas 'n aktiewe lid van die Oosseeraad, die Barentsseeraad en 'n leidende stigtingslid in die Arktiese Raad wat in September 1996 gestig is. Ysland is ook 'n stigtingslid van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie, alhoewel die land nie oor sy eie weermag beskik nie. Die NAVO-verdrag en 'n militêre ooreenkoms met die VSA, wat in 1951 gesluit is, verseker Ysland se veiligheid. Alhoewel die Amerikaanse militêre basis in Keflavík op 30 September 2006 gesluit is, het die VSA en Ysland bykomende ooreenkomste onderteken wat die militêre beskerming deur die VSA reël. Volgens 'n ooreenkoms met Noorweë, wat in 2007 onderteken is, word die Yslandse lugruim in vredestye deur die Noorse lugmag beskerm wat ook reddings- en ander aksies in Ysland deurvoer.
Demografie[wysig | wysig bron]
Met sowat 330 000 inwoners en 'n bevolkingsdigtheid van minder as drie mense per vierkante kilometer behoort Ysland tot die ylste bevolkte lande ter wêreld. Meer as twee derdes van die totale bevolking is in die metropolitaanse gebied van die hoofstad Reykjavik gekonsentreer, die enigste nedersetting met 'n bevolking van meer as 100 000. Die meeste ander klein stede en dorpe is in die vrugbare vlaktes van die suide en weste, in die noordelike valleie en die gebied van Egilsstaðir in Oos-Ysland geleë. In baie van die fjorde langs die kus het vissersdorpe ontstaan. Reykjavik en ander groter dorpe soos Akureyri trek voordeel uit verstedeliking, terwyl die plattelandse bevolking daal.
Yslanders verskil in etniese opsig duidelik van die bevolkings van ander Skandinawiese lande. Die eerste setlaars was Wiking-mans van Noorse afkoms, waarvan baie uit die Wiking-nedersettings op die Britse Eilande gekom het. Die setlaars se vroue en slawe was oorwegend van Keltiese afkoms, alhoewel die taal en kultuur van Ysland steeds suiwer Skandinawies gebly het. 'n Hoër aandeel donkerharige mense as in ander Nordiese lande, asook Keltiese name en invloede op literêre gebied, veral in sommige gedigte van die Edda, getuig van die Keltiese bydrae tot Ysland se etnogenese en kultuur.[26] Immigrasie het eers in die laat 20ste eeu 'n noemenswaardige rol begin speel, maar word streng beheer.
Die bevolking van omtrent 1100 word op sowat 70 000 tot 80 000 beraam en het in die 18de eeu drie keer tot slegs 40 000 gedaal. Dit het later toegeneem tot 100 000 in 1925, 200 000 in 1967, en volgens amptelike statistiek is Ysland se 300 000ste burger in 2006 gebore.[27]
In 2012 het 20 957 buitelanders in Ysland gebly, waaronder 'n sestigtal Suid-Afrikaners. Die meeste buitelanders (meer as 10 000) is van Poolse afkoms, naas Litauers (meer as 1 500), Duitsers en Dene (sowat 900 elk) en Lette en Britte (meer as 600 elk).
Danksy die baie hoë lewenstandaard in Ysland beloop die gemiddelde lewensverwagting 78 jaar vir mans en 82 jaar vir vroue – een van die hoogstes ter wêreld.[26]
Taal en kultuur[wysig | wysig bron]
Taal[wysig | wysig bron]
Yslands is die moedertaal van sowat 97 persent van die bevolking en die de facto-ampstaal van die land. Alhoewel Ysland yl bevolk is, is daar afgesien van klein verskille in die uitspraakgewoontes geen dialekte nie en min verskille tussen die skryf- en omgangstaal. Die Yslandse taal het sedert die Noorse volksplanting in die 9de eeu nouliks verander: ondanks die groot veranderings wat tussen die 12de en 16de eeu ten opsigte van die uitspraak plaasgevind het, het die oorspronklike skryftaal min of meer bewaar gebly sodat mense selfs Middeleeuse Yslandse tekste sonder moeite kan lees. Ysland is – net soos die Verenigde State – 'n uitstekende voorbeeld vir die konserwatisme wat baie tale kenmerk sodra hulle na 'n nuwe gebied oorgeplant word.[28]
Yslands maak deel uit van die Nordiese tak van die Germaanse tale en sodoende ook van die Indo-Europese taalfamilie. Yslands is relatief nou verwant aan Faroees en enkele Wes-Noorse dialekte, maar nie sonder meer verstaanbaar vir sprekers van Sweeds of Deens nie.
Yslands word met die Latynse alfabet geskryf, alhoewel die letters c, k en w nie voorkom nie. Die letter z word nouliks gebruik; dit kom byvoorbeeld in alternatiewe spellings soos Íslenzka ("die Yslandse taal", naas Íslenska) voor wat deesdae minder gebruiklik is.[29] Yslands maak gebruik van diakritiese tekens om tweeklanke (diftonge) aan te dui; terwyl a met die Afrikaanse klank [a] ooreenkom, word á byvoorbeeld as [au] uitgespreek. Die mees ongewone letters van die Yslandse alfabet is Þ/þ (thorn, wat soos th in die Engelse think uitgespreek word), en Ð/ð (eth, soos in Engels they).
Þ is reeds sedert die vroeë Middeleeue in Yslands gebruik en aan die oorspronklike Angel-Saksiese alfabet ontleen, alhoewel die letter ook in die Nordiese runeskrif voorgekom het wat voor die invoering van die Latynse alfabet gebruiklik was. Ook die letter Ð is aan die vroeë Oud-Engelse en Oud-Saksiese alfabet ontleen, maar kom eers sedert die 13de eeu in Yslandse tekste voor.
A / a | Á / á | B / b | D / d | Ð / ð | E / e | É / é | F / f |
G / g | H / h | I / i | Í / í | J / j | K / k | L / l | M / m |
N / n | O / o | Ó / ó | P / p | R / r | S / s | T / t | U / u |
Ú / ú | V / v | X / x | Y / y | Ý / ý | Þ / þ | Æ / æ | Ö / ö |
Die grammatikale stelsel van Yslands word deur 'n groot aantal kategorieë van vervoegings van selfstandige naam- en werkwoorde gekenmerk. Selfstandige en byvoeglike naamwoorde, voornaamwoorde en die telwoorde van een tot vier het vier naamvalle. Selfstandige naamwoorde het vier grammatikale geslagte, en ook byvoeglike naamwoorde, die meeste voornaamwoorde en die telwoorde 1 – 4 word vervoeg. Werkwoorde word volgens tydvorm, persoon, aantal, modus en aktief of passief verbuig.
Alhoewel die gewone woordvolgorde as selfstandige naamwoord – werkwoord – voorwerp beskryf kan word, hang dit ook steeds van die betrokke werkwoord se verbuiging af. 'n Yslandse sin met die sinsdele bróðir minn ("my broeder"), keypti (verlede tydsvorm van kaupa "koop") en bókina ("die boek", vierde naamval) het – ongeag die woordvolgorde Bróðir minn keypti bókina of Bókina keypti bróðir minn – steeds dieselfde betekenis: "My broeder het die boek gekoop."
Dieselfde verskynsel kom – in teenstelling met Afrikaans wat gewoonlik 'n min of meer vaste woordvolgorde vereis – ook in ander Germaanse tale met 'n meer ingewikkelde grammatikale stelsel (sintetiese tale) soos Duits voor, waar Mein Bruder kaufte das Buch ook tot Das Buch kaufte mein Bruder omgevorm kan word.
Woordeskat[wysig | wysig bron]
Alhoewel daar in die loop van die laaste 1 100 jaar baie nuwe terme by die woordeskat gevoeg is, het die basiese woordeskat in hierdie tydperk nouliks verander. Woorde soos moðir (moeder), faðir (vader), þú (jy), himinn (hemel) en haf (see) het selfs onveranderd gebly. Die groot aantal neologismes wat sedert die 19de eeu gevorm is baseer meestal op oorgeërfde woorde en woordbestanddele: Veður (weer) en fræði (wetenskap) vorm die basis van die samestelling veðurfræði (weerkunde, meteorologie), die voorsetsel al- en die woord næmi (openheid teenoor) is gebruik om die neologisme alnæmi (Vigs) te vorm. Die woorde tölur (getalle) en völva (waarsegster) vorm die basis van tölva (rekenaar).
Taalbeleid[wysig | wysig bron]
Die huidige taalbeleid is gemik op die bewaring van die oorgeërfde grammatikale stelsel en woordeskat, asook die uitbou van die Yslandse taal en die aanmoediging van sy gebruik op alle gebiede. Taalpurisme is een van die opvallendste kenmerke van die Yslandse taalbeleid en nuwe wetenskaplike en tegnologiese terme word gewoonlik op die basis van bestaande woordmateriaal gevorm. Die Yslandse regering het 'n tegnologies-taalkundige veldtog van stapel gestuur wat die ontwikkeling van Yslandstalige sagte- en hardeware bevorder sodat die gebruik van Yslands ook in die inligtingsbedryf moontlik sal wees.
Terwyl die Yslandse Taalraad die gebruik van nuutgeskepte Yslandse vakterme nie aan die publiek voorskryf nie en liewer inligting oor neologismes verstrek, is talle Yslanders by aktiwiteite betrokke wat taalsuiwerheid verseker en stel ook self Yslandse woordskeppings vir nuwe onderwerpe en tegnologieë voor. Yslands word selfs as een van die oudste wetenskapstale beskou aangesien plaaslike geleerdes en wetenskaplikes in die Middeleeue by die skryf van hul werke Yslands bo Latyn verkies het.
Yslandse naamgewing[wysig | wysig bron]
Slegs tien persent van die Yslandse bevolking dra oorerflike vanne, terwyl die res nog steeds gebruik maak van 'n patrinomiale stelsel ten opsigte van naamgewing: Kinders identifiseer hulle gewoonlik deur hul vader en in plaas van 'n familienaam word die eerste voornaam van die vader gebruik en die agtervoegsel -son vir seuns en -dóttir vir meisies bygevoeg.
Matriargale naamgewing waar die moeder se voornaam gebruik word, speel slegs 'n baie klein rol. Die Yslandse naamstelsel lei daartoe dat daar dikwels in een gesin verskillende vanne voorkom.
Yslanders maak meestal gebruik van hul voorname wanneer hulle met mekaar gesels, en selfs die plaaslike telefoongids se alfabetiese indeks is op voorname gebaseer.
Immigrante moet vir hulself 'n nuwe inheemse naam kies sodra hulle ingeburger word.
Die Yslandse sagas[wysig | wysig bron]
Die Yslandse sagas het tussen die 12de en 14de eeu veral as kort verhale, romans, kronieke en sprokies ontstaan (die Yslandse term saga verwys na 'n verhaal, 'n gesegde of 'n roman). Slegs sommige van hul outeurs is bekend, en dit is dikwels nie duidelik of die sagas as fiksie of historiese dokumente beskou moet word nie. Hulle maak nogtans deel uit van die wêreldliteratuur en is die eerste Europese prosawerke wat in 'n inheemse taal en nie in Latyn geskryf is nie.[30]
Die sagas word gewoonlik volgens hul inhoud gekategoriseer as
- Voortydsagas (Fornalda sögur) wat heldeverhale en ander legendariese motiewe uit die Wiking-tydperk behandel.
- Yslander-sagas (Íslendinga sögur) – hierdie kategorie bevat onder meer 36 prosawerke met fiktiewe verhale uit die tydperk van die Noorse volksplanting tussen 900 en 1050. Die werke word as die Yslandse pendant van Wes- en Sentraal-Europa se hoofse epiek beskou en is feitlik fiktiewe kronieke van vroeë setlaargesinne.
- Koningsagas (Konunga sögur) – hierdie groep vorm die oudste deel van die saga-literatuur en behandel historiese Noorse en Deense monarge. Die outeurs – waaronder Snorri Sturluson – is soms bekend.
- Biskopsagas (Byskupa sögur) wat die geskiedenis van die kerk en Christendom in Ysland behandel.
Naas suiwer Skandinawiese motiewe het ook die vastelandse, veral Franse, hoofse en ridderlike epiek 'n groot invloed op die Middeleeuse Yslandse literatuur uitgeoefen sodat daar ook vertalings en bewerkings van werke uit vreemde tale, die sogenaamde ridder-sagas ontstaan het. Die Yslandersagas het veral in die 19de eeu 'n beduidende invloed op die Skandinawiese historiese roman-genre uitgeoefen.[31]
Die Yslandse boekebedryf[wysig | wysig bron]
Ondanks sy relatief klein bevolking spog Ysland met 'n florerende boekebedryf – literatuur het selfs 'n vaste bestanddeel van die klein nasie se alledaagse lewe geword. So koop elke Yslander per jaar 'n gemiddeld van agt boeke, en die openingstye van boekwinkels in Reykjavik is langer as dié van die meeste ander winkels.[32] Die meeste Yslandse huishoudings het hul eie klein biblioteek – so is dit nie verwonderlik dat daar tans sowat dertig onafhanklike uitgewerye in Ysland bestaan nie.
Daar is nouliks 'n ander land wat dieselfde persentasie skrywers voortbring en deur 'n gesamentlike taal, geskiedenis en literatuur tot 'n hegte eenheid saamgesnoer word soos Ysland. Die feit dat Yslands as taal oor die eeue amper onveranderd gebly het, maak selfs middeleeuse saga's maklik toeganklik vir die huidige leser.
Ook ander Europese volke deel die Yslanders se geesdrif vir geskiedenis, literatuur en spannende verhale. So is Ysland in 2011 as eregas na die wêreld se grootste boeke- en mediaskou, die Frankfurter Buchmesse in Frankfurt, Duitsland, genooi. Duitse uitgewerye het ter geleentheid van die Frankfurtse Boekeskou in 2011 177 nuwe titels aangekondig wat uit Yslands vertaal is – waaronder 'n nuwe uitgawe van die Edda-saga in moderne Duits.
Ekonomie[wysig | wysig bron]
Ysland is die kleinste ekonomie in die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (OESO) met 'n bruto binnelandse produk (BBP) wat in 2011 10,1 miljard € beloop het, maar is een van die welvarendste lidstate in hierdie organisasie met 'n per capita-BBP van 31 750 € volgens OESO-statistieke van 2010. Die dienstesektor lewer twee derdes, nywerhede 'n vyfde en vissery 'n tiende van die land se BBP op. Ysland beskik oor ryk natuurlike energiebronne soos geotermiese en waterkrag, terwyl sy kuswaters ryk visgronde onderhou.
Ysland se ekonomie trek voordeel uit die tipiese eienskappe wat met Nordiese of Skandinawiese lande geassosieer word soos byvoorbeeld politieke en ekonomiese stabiliteit, 'n hoogs ontwikkelde infrastruktuur, die beskikbaarheid van hoogs gekwalifiseerde mannekrag, asook die afwesigheid van korrupsie en wanbestuur.[33]
Ysland lok buitelandse beleggers, veral internasionale aluminiumvervaardigers, daarnaas ook met sy strategiese ligging tussen Noord-Amerika en Europa, sy doeanevrye toegang tot die Europese mark, bemoedigende regeringsbeleid ten opsigte van buitelandse beleggings, die grootskaalse beskikbaarheid van goedkoop elektrisiteit uit hernieubare energiebronne vir energie-intensiewe nywerhede en die mededingende korporatiewe belastingkoers van slegs 18 persent (in 2003).[34]
Volgens amptelike OESO-statistieke behoort Ysland tot die Westerse nywerheidslande met die hoogste per-capita-inkomste op die grondslag van koopkragpariteit. Die werkloosheidsyfer het in 2011 sewe persent beloop.
Ekonomiese groei[wysig | wysig bron]
Ysland word sedert die middel van die 1990's deur 'n stabiele ekonomiese situasie gekenmerk. Ná 'n ekonomiese opswaai wat ses jaar voortgeduur het, het die groeikoers in 2001 buitensporig groot geraak. Dit het in 2002 effens verstadig en in 2003 weer begin versnel. In 2006 het die Yslandse ekonomie met 2,6 persent gegroei.[35]
Die groei word veral aangedryf deur grootskaalse projekte in die energie- en aluminiumbedryf, asook die boubedryf wat voordeel trek uit baie lae rentekoerse. Die ekonomiese groeikoers sal na verwagting in die loop van 2007 weer verstadig, nadat onder meer beleggingsbanke na vraagstukke met betrekking tot die land se finansiële situasie verwys het: Die tekort op die lopende rekening van die betalingsbalans het in 2006 van 8 tot 19 persent van die bruto geografiese produk meer as verdubbel en die hoë buitelandse skuldlas is sorgwekkend.
Nogtans het die Yslandse regering vir sy strukturele en finansiële hervormings in Junie 2005 gunstige kommentaar van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) ontvang.[36] Onder meer is 'n aantal banke en ander oorspronklik staatsbeheerde maatskappye geprivatiseer.[37]
Geldeenheid[wysig | wysig bron]
Die Yslandse Króna (ISK, meervoud: Krónur) dien as die amptelike geldeenheid. Daar is tans banknote ter waarde van 500, 1 000, 2 000 en 5 000 ISK en muntstukke ter waarde van 1, 5, 10, 50 en 100 ISK. Die Yslandse Króna is oorspronklik opgedeel in 100 Aurar, maar die vroeëre muntstukke ter waarde van 5, 10 en 50 Aurar is tans nie meer in omloop nie en bedrae word afgrond tot die naaste Króna. Op 28 November 2007 is die amptelike wisselkoers op 91,79 ISK per 1 € en 8,95 ISK per 1 ZAR vasgestel.[38][39]
'n Nasionale Bank is reeds in 1885 gestig en met die ekonomiese opswaai (as gevolg van Ysland se selfregerende status) is aan die begin van die Eerste Wêreldoorlog ook 'n eie geldeenheid ingevoer. Sedert 1927 is banknote deur die Yslandse Landsbanki uitgereik, terwyl die Departement van Finansies die monopolie oor muntgeld gehad het. Eers met die stigting van die Yslandse Sentraalbank (Seðlabanki Íslands) in 1961 en die afkondiging van 'n wet op die nasionale geldeenheid in 1966 is die beheer oor die Yslandse Króna aan die Sentraalbank oorgedra.
Algemene prysvlak[wysig | wysig bron]
Die algemene prysvlak in Ysland is ten opsigte van sommige produkte tot drie of vier keer hoër as dié van Noord-Amerika of die vasteland van Europa. Naas die belasting op toegevoegde waarde, wat tans 24,5 persent beloop, is die hoër pryse veral aan duur invoere te danke – behalwe vir 'n aantal vissery- en landbouprodukte soos vis, vleis, groente, aartappels en suiwelprodukte moet die meeste verbruiksgoedere ingevoer en deur middel van 'n netwerk van invoerders, groot-, tussen- en kleinhandelaars versprei word. Invoerheffings en middelmanne dra dus by tot die baie hoë prysvlak van die meeste goedere.
Fiskale en monetêre beleid[wysig | wysig bron]
Sedert sy stigting in 1961 bestuur die Yslandse Sentraalbank die geldvoorraad en formuleer ook die fiskale beleid van die land. Tot teen die 1980's is Ysland se ekonomie deur baie hoë inflasiekoerse geteister en in 1980 is selfs 'n nuwe geldeenheid ingevoer (die sogenaamde "Nuwe Króna) wat 100 "ou" Krónur vervang het.
Die Sentraalbank het egter ook in die volgende jare nie daarin geslaag om inflasie binne perke te hou nie en Yslanders moes met inflasiekoerse van tot 80 persent leef. Eers met die ekonomiese opswaai van die 1990's en die gepaardgaande verhoogde vraag na Yslandse Krónur het inflasie skerp gedaal tot minder as twee persent.
Tot teen die jaar 2001 was die Yslandse Króna se wisselkoers aan die geldeenhede van Ysland se agt belangrikste handelsvennote gekoppel – die Euro, die VSA-dollar, die Britse Pond, die Switserse Frank, die Kanadese Dollar, die Japanse Jen en twee Skandinawiese geldeenhede – en sy wisselkoers is slegs toegelaat om in 'n betreklik nou band van nege persent te fluktueer.
In die laat 1990's het die Yslandse Sentraalbank sy monetêre beleid op aanbeveling van die Internasionale Monetêre Fonds en die OESO herformuleer en die oorspronklike doelwit van 'n stabiele wisselkoers is deur 'n inflasieteiken vervang. Die Yslandse Króna se wisselkoers is gevolglik toegelaat om vry te sweef en het aanvanklik weer verswak en ook die inflasiekoers het gestyg aangesien Ysland die meeste verbruiksgoedere uit die buiteland moet invoer.
Ten opsigte van fiskale beleid het die regering 'n sterk stap in die rigting van anti-sikliese beleid geneem. Ysland se begrotingsbalans toon tans 'n klein oorskot.
As gevolg van sy vryswewende wisselkoers het die Yslandse króna in 2001 duidelik begin verswak. Danksy die stygende wisselkoers van die jare 2002 en 2003 het die Yslandse geldeenheid in 2004 weer sy gemiddelde waarde van die laaste jare bereik. Ná 'n sterk styging in 2005 en 'n daling in 2006 tot by die vlakke van die jaar 2001 het die króna se wisselkoers in 2007 84,00 ISK per € beloop. Die amptelike inflasiekoers het in 2007 op 3 persent gestaan.
Krisis in die banksektor[wysig | wysig bron]
As gevolg van die aggressiewe internasionale uitbreiding van Ysland se drie grootste banke – hul gesamentlike balanse staan gelyk aan Ysland se bruto binnelandse produk – is die land in Oktober 2008 ernstig deur die internasionale finansiële krisis geraak. Om die ineenstorting van die land se finansiële sektor en algehele staatsbankrotskrap te voorkom, het die Yslandse parlement 'n wetsontwerp aangeneem waarvolgens verreikende maatreëls ingestel is. Die tweede grootste bank van Ysland, Landsbanki, is deur die staat oorgeneem terwyl die Kaupthing-bank 'n staatslening ter waarde van 500 miljoen € ontvang het. Die Yslandse staat het ook 75 persent van die derde grootste bank Glitnir se aandele ter waarde van 600 miljoen € oorgeneem.[40] Op 15 Oktober 2008 was die genasionaliseerde Glitnir-bank nie meer in staat om 'n paaiement van $750 miljoen op 'n lening te betaal nie.[41]
Nadat die Yslandse kroon in die twaalf maande voor Oktober 2008 70 persent van sy waarde teenoor die Euro ingeboet het, is 'n vaste wisselkoers vir die geldeenheid ingestel. Op 11 November 2008 het Ysland 'n lening van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) ter waarde van 2,1 miljard VSA-$ (1,7 miljard €) ontvang wat veral benodig is om die kroon-wisselkoers te stabiliseer en die inheemse banksektor te herstruktureer. Die IMF het sy lening aan bepaalde voorwaardes gekoppel, waaronder 'n omvangryke ekonomiese herstelprogram. Ná hierdie besluit deur die IMF het ook Finland, Denemarke, Noorweë en Swede bykomende lenings ter waarde van 2,5 miljard $ aan Ysland beskikbaar gestel. Verdere lenings ter waarde van sowat 500 miljoen $ is van die Russiese Federasie, Pole en die Faroëreilande ontvang.[42]
Die finansiële situasie waarin Ysland hom in 2008 en 2009 bevind het, het tot vinnig stygende werkloosheidsyfers, 'n diep resessie, hoë begrotingstekorte en 'n hoë openbare skuldlas gelei. Die ineenstorting van die inheemse wisselkoersmark het vir die land, wat besonder afhanklik is van invoere, verdere negatiewe uitwerkings soos 'n inflasiekoers van meer as 18 persent vroeg in 2009 gehad. Dit het tot 12 persent vir die hele jaar en tot 5,4 persent in 2010 afgeplat.
Die begrotingstekort het in 2010 6,2 persent beloop, terwyl die openbare skuldlas tot 120 persent van die bruto binnelandse produk sal styg (teenoor net 29 persent in laat 2007). Die Yslandse ekonomie het in 2009 met 6,9 en in 2010 met 3,5 persent gekrimp.
Buitelandse handel en regstreekse buitelandse beleggings[wysig | wysig bron]
In 2006 het Ysland goedere ter waarde van 3,07 miljard € (31,47 miljard ZAR) uitgevoer, terwyl sy invoere 5,35 miljard € (54,81 miljard ZAR) beloop het. Die buitelandse handel met die lidstate van die Europese Unie het 72 persent van Ysland se uitvoere en 58 persent van sy invoere verteenwoordig. Die belangrikste bestemmings vir uitvoere was die Verenigde Koninkryk, Noorweë en Duitsland, terwyl die meeste invoere uit die Verenigde State en Duitsland gekom het.
Ysland het sy buitelandse handel reeds in 1995 met die ondertekening van ooreenkomste volgens die Verdrag oor die Europese Ekonomiese Sone en die WHO-verdrag geliberaliseer en die Yslandse staat het sy monopolie op die invoer van alkoholiese dranke en beperkings op buitelandse aandeelhouers in Ysland se finansiële bedryf laat vaar.
Met die uitsondering van vis, energie en sommige landbouprodukte wat teen hoë koste plaaslik geproduseer word, moet Ysland sy verbruiksgoedere merendeels uit die buiteland invoer. Vis en visseryprodukte verteenwoordig tans 57 persent van Ysland se uitvoere ('n skerp daling in vergelyking met die 1970's toe die visserybedryf nog sowat 90 persent van Ysland se uitvoere opgelewer het). Ander belangrike uitvoere is energie-intensiewe nywerheidsprodukte soos aluminium (26 persent) en mediese produkte.
Met die uitsondering van die vissery- en lugvaartbedryf is daar min beperkings vir buitelandse beleggers. Regstreekse buitelandse beleggings vloei veral in die energiebedryf en die uitbou van die aluminiumfabrieke. Ysland se potensiaal van geotermiese energie en waterkrag is nog lank nie uitgeput nie; die bou van 'n nuwe groot waterkragsentrale in die ooste van Ysland is in 2007 voltooi. Die kragsentrale sal onder meer die energie vir 'n nuwe aluminiumsmeltery oplewer wat naby opgerig word.
Landbou[wysig | wysig bron]
Vanweë sy koel klimaat en die skaarste aan landbougrond verskil Ysland se landbousektor sterk van dié van ander nywerheidslande. Yslandse boere het hulle tradisioneel op skaapteelt toegespits en gepekelde of gerookte skaapvleis was eeue lank 'n stapelvoedsel. Skaapwol en -huide is vir die vervaardiging van klere en skoene gebruik.
In die laat 19de en vroeë 20ste eeu het die meeste Yslandse boeregesinne nog dieselfde landelike lewe as hulle voorouers in die Wiking-tydperk gevoer en eers met die stigting van die eerste koöperatiewe boerevrreniging in 1882 het 'n nuwe tydperk vir die landbousektor begin. Die boere het nou begin om die Deense middelmanne uit te skakel wat landbouprodukte slegs teen baie lae pryse aangekoop het.
Die koöperatiewe het geleidelik tot 'n beduidende faktor in die Yslandse ekonomie ontwikkel wat ook in die ander sektore belê het. Die huidige Federasie van Yslandse Koöperatiewe (SIS) het tot teen die 1980's, toe dit in 'n finansiële krisis beland het en in kleiner ondernemings opgesplits is, oor 'n bank, 'n assuransiemaatskappy, winkels, fabrieke vir landboutoerusting, 'n redery, visverwerkingsfabrieke en 'n uitvoermaatskappy beskik.
Die verstedeliking vanaf die begin van die 20ste eeu het daartoe gelei dat minder belowende landbougebiede soos die uiterste noordweste binne enkele dekades feitlik leeggeloop het. In ander landbougebiede het meganisasie, die bou van nuwe paaie en moderne kommunikasiemiddels die landelike lewe duidelik verander.
Die koel klimaat en die kort groeiperiode vereis die gebruik van moderne kunsmis vir die verbouing van geskikte graansoorte soos rog en gars wat as veevoer gebruik word en duur invoere vervang. Gars word ook vir menslike gebruik verbou.
Erosie bly die grootste vraagstuk vir Ysland se 3 800 boere. Meer as duisend jaar se menslike kolonisasie en landbou het die natuurlike ewewig van Ysland se labiele natuur uitermate versteur. Die los grond bevat min klei en bestaan hoofsaaklik uit onstabiele vulkaniese leem. Volgens die Landnámabók was Ysland nog 'n beboste gebied toe die Noorse volksplanting begin het. Die setlaars het groot hoeveelhede vuurhout verbruik, terwyl hul vee groot skade by die sensitiewe vegetasie berokken het. Slegs een persent van die oorspronklike bosgebiede, wat 'n oppervlakte van 25 000 vierkante kilometer beslaan het, het bewaar gebly, en 'n oppervlakte van 40 000 vierkante kilometer het onvrugbaar geword.[43] Tans is daar nog 1 500 vierkante kilometer landbougrond, waarvan jaarliks sowat 30 vierkante kilometer weens erosie verlore gaan.
Verbruikersgewoontes het in die afgelope dekades geleidelik verander en naas lamvleis het ook bees-, hoender- en varkvleis in toenemende mate gewild geraak. Die Yslanders se jaarlikse per capita-verbruik van melk behoort met 400 liter tot die hoogstes ter wêreld en 'n groot verskeidenheid van melksoorte, room, kaas, botter, jogurt en Ysland se tradisionele kwarkspesialiteit skýr word plaaslik vervaardig.
Die vraag na groente en vrugte het in die afgelope dekades vinnig gegroei; Ysland is in sommige jare selfvoorsienend betreffend aartappels, terwyl groente soos tamaties, komkommers, worteltjies, rissies, slaai en verskillende koolsoorte danksy die beskikbaarheid van goedkope geotermiese energie in kweekhuise groei.
Toerisme[wysig | wysig bron]
Die toerismebedryf speel 'n beduidende rol en is die tweede belangrikste bron van buitelandse valuta. Die aantal buitelandse besoekers het in 2006 met 13 persent gestyg tot 422 000 en intussen die halfmiljoenkerf verbygesteek met sowat 570 000 buitelandse besoekers in 2011; die meeste toeriste het uit die Verenigde Koninkryk, Noord-Amerika en Duitsland gekom. Internasionale toeriste beskou Ysland nog steeds veral as 'n bestemming vir hul somervakansies, tog het die Yslandse toerismebedryf begin om die land as 'n reisbestemming vir alle seisoene te bemark.[35]
Kookkuns[wysig | wysig bron]
Oor 'n lang tydperk het die koel klimaat en die lang winters groot beperkings op die inheemse kookkuns geplaas. Yslanders was genoodsaak om alle beskikbare eetbare dinge te gebruik en het min speserye geken. Afval soos skaapkoppe het net soos hákarl (gefermenteerde Groenlandhaai) deel uitgemaak van die Yslandse dieet. Die stapelvoedsel het veral uit vis (hoofsaaklik stokvis), walvis-, robbe- en lamvleis, alle eetbare dele van 'n skaap en skyr – 'n soort kwark – bestaan. Skape was die enigste vee wat geteel kon word.
Sommige van die tradisionele geregte word nog steeds ter geleentheid van die winterfees Þorrablót bedien, waaronder hangikjöt (lamvleis wat eers besterf en daarna gerook word), hákral, svið (gekookte skaapskoppe) en súr hrútspungar (die skrotum van 'n ram wat in suurmelk gemarineer is). Hierdie geregte word saam met aartappels en worteltjiespap geniet. 'n Gewilde digestief is brennivín.
Skyr, 'n inheemse soort vars kaas of kwark, het intussen ook op buitelandse markte soos Noord-Amerika gewild geraak. Wei, wat as 'n neweproduk by die kaasvervaardigng verkry is, het tradisioneel die basis vir 'n aantal dranke gevorm, maar is daarnaas ook gebruik om vleis en ander kos te preserveer. Preservering – hoofsaaklik deur middel van fermentasie – was veral met die oog op die lang winters lewensnoodsaaklik.
Vanweë die geografiese ligging was graanbou nouliks moontlik sodat brood en graankosse eeue lank geen noemenswaardige rol in die Yslandse kookkuns gespeel het nie.
Tans is koffie die gewildste drank in Ysland wat van soggens tot saans (kvöldkaffi) gedrink word. 'n Tipiese koffiespesialiteit is molakaffi – swart koffie wat saam met suikerblokkies bedien word. Net soos in die Midde-Ooste word 'n suikerblokkie in die mond geneem en die koffie daardeur gedrink.
Sedert die 1950's is ook in Ysland 'n groot verskeidenheid voedselsoorte in plaaslike supermarkte beskikbaar, en die Yslandse kookkuns is sodoende aan nuwe invloede blootgestel.
Verwysings[wysig | wysig bron]
- ( ) "Ísland er minna en talið var". RÚV. 26 Februarie 2015. Besoek op 1 Desember 2017.
- ( ) "Statistics Iceland:Key figures". Statistics Iceland. 1 Oktober 2002. Besoek op 1 Desember 2017.
- ( ) "Iceland". Internasionale Monetêre Fonds. Besoek op 1 Desember 2017.
- ( ) "2016 Human Development Report" (PDF). United Nations Development Programme. 2016. Besoek op 1 Desember 2017.
- ( ) "Gini coefficient of equivalised disposable income (source: SILC)". Eurostat Data Explorer. Besoek op 1 Desember 2017.
- ( ) www.eldey.de: Feite
- ( ) www.eldey.de: Geografie
- ( Der Fischer Weltalmanach 2009. Frankfurt am Main: Fischer Taschenbuch Verlag 2008, bl. 239 )
- ( ) www.iceland.is: Dierlewe
- ( ) www.eldey.de: Dierlewe – Poolvos
- ( Polyglott APA Guide: Island (2007), bl. 131 )
- ( Galli, Max en Ernst-Otto Luthardt: Island. Augsburg: Verlagsgruppe Weltbild 2007, bl. 53 )
- ( Polyglott APA Guide: Island (2007), bl. 133 )
- ( Konstam, Angus: Die Wikinger. Geschichte, Eroberungen, Kultur. Wene: tosa/Carl Ueberreuther 2007, bl. 104–105 )
- ( Island. Polyglott APA Guide. Berlyn en München: Langenscheidt 2007, bl.29 )
- ( ) www.iceland.is: Geskiedenis – Bronne
- ( Konstam (2007), bl. 104 )
- ( Konstam (2007), bl. 105 )
- ( Grabois, Aryeh: Enzyklopädie des Mittelalters. Zürich: Edition Atlantis 1988, bl. 300 )
- ( Polyglott Apa Guide: Island (2007), bl. 49 )
- ( Polyglott APA Guide: Island (2007), bl. 49 )
- ( ) Die emigrasie van Ysland na Noord-Amerika
- ( Galli, Max en Ernst-Otto Luthardt: Island. Augsburg: Verlagsgruppe Weltbild 2007, bl. 37 )
- ( ) Duitse Departement van Buitelandse Sake: Ysland – Oorsig
- ( ) Duitse Departement van Buitelandse Sake: Ysland – buitelandse beleid
- ( ) Iceland Trade Directory – Population in Iceland
- ( Statistics Iceland, In: Polyglott APA Guide: Island (2007), bl. 15 )
- ( Vergelyk Baugh, Albert C. en Thomas Cable: A History of the English Language. Derde uitgawe. Londen: Guild Publishing 1986, bl. 352 )
- ( Brynjólfsson, Ingvar G.: Langenscheidts Universal-Orðabók Íslenzk. 6de oplaag. Berlyn en München: Langenscheidt 1975 )
- ( Polyglott APA Guide: Island (2007), bl. 83 )
- ( ) Meyers Lexikon online: Saga (isländische Literatur)
- ( ) www.schattenblick.de: Islands Kultur so präsent wie nie zuvor in Europa. Besoek op 8 Junie 2011
- ( ) Platts Aluminium Symposium – Thorsteinn Hilmarsson: Energy and aluminium in Iceland. Phoenix (Arizona), 12–14 Januarie 2003
- ( Platts Aluminium Symposium )
- ( ) Duitse Departement van Buitelandse Sake: Ysland – Ekonomie
- ( Der Fischer Weltalmanach 2006. Frankfurt am Main: Fischer Taschenbuch Verlag 2005, bl. 236 )
- ( ) www.icelandinfocus.com: Reykjavik/Economy
- ( ) xe.com
- ( ) www.eldey.de: Ysland se kontantgeld
- ( ) www.faz.net: Island vor dem Staatsbankrott, 7 Oktober 2008
- ( ) Financial Times Duitsland: Die gebeure op 16 Oktober 2008
- ( ) Duitse Departement van Buitelandse Sake – Ysland: Ekonomie. Ekonomiese en finansiële beleid. Besoek op 16 April 2009
- ( Polyglott APA Guide (2007), bl. 117 )
Bronne[wysig | wysig bron]
Middeleeuse geskiedenis[wysig | wysig bron]
- ( Grabois, Aryeh: Enzyklopädie des Mittelalters. Zürich: Edition Atlantis 1988 )
Taal[wysig | wysig bron]
- ( Yslandse Taalinstituut: Icelandic – at once ancient and modern. Pamflet nommer 13 van die Departement van Onderwys, Wetenskap en Kultuur. Reykjavik 2001. Aanlyn beskikbaar: ) Icelandic (pdf-lêer)
Ekonomie[wysig | wysig bron]
- ( ) Duitse Departement van Buitelandse Sake: Ysland – Ekonomie
- ( ) www.eldey.de: Ysland se monetêre beleid
Eksterne skakels[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband met Iceland. |
Sien Ysland in Wiktionary, die vrye woordeboek. |
- ( Toerisme-inligting oor ) Ysland op Wikivoyage
- ( ) ( ) Amptelike webwerf van Ysland se regering
- ( ) Ysland video
- ( ) Fokus op Ysland
- ( ) Íslands myndir – beelde van Ysland
|
<urn:uuid:a915bd1f-ad20-436a-9605-c753135d193d>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Ysland
|
2019-07-18T09:48:05Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525587.2/warc/CC-MAIN-20190718083839-20190718105839-00521.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999973
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Swazi's
Swazi's | |
---|---|
Swazi-dansers | |
Totale bevolking: | 2 482 046 |
Belangrike bevolkings in: | Suid-Afrika 1 185 000 |
Taal: | Swazi, Engels, Afrikaans, Portugees |
Geloofsoortuiging: | Christene, Tradisionele Afrika-godsdiens |
Verwante etniese groepe: | Nguni, Sotho-Tswana, ander Bantoe-volke |
Die Swazi's is 'n Bantoevolk in Suider-Afrika. Hulle woon hoofsaaklik in eSwatini (voorheen Swaziland), Suid-Afrika en in die suide van Mosambiek. Die Swazi's se taal is Swazi. Van die 2,5 miljoen Swazi's woon 'n groot deel (ongeveer 50%) in Suid-Afrika.
Geskiedenis[wysig | wysig bron]
Die onafhanklike staat eSwatini het sy oorsprong in die agttiende eeu met die integrasie van Nguni- en Sotho-elemente. Oorspronklik het die Sotho die noordelike streke van eSwatini bewoon en die Nguni die suidelike streke.
Sedert 1820 is hulle onderwerp aan die Nguni-stamhoof Sobhuza I van die Ngwane-stam. Sy seun, Mswati, wat uiteindelik die Sotho onderwerp het, het die unifikasieproses voltooi en Mswati III heers vandag oor die hele Swazi-koninkryk. Die Sotho-sprekende volke is òf deur die proses geabsorbeer òf weggedryf en groot getalle Nguni-vlugtelinge vanuit KwaZulu-Natal het hulle by die Swazi aangesluit.
Vandag[wysig | wysig bron]
Met die totstandkoming van eSwatini is baie etniese Swazi's uit die nuwe staat uitgesluit en 50% woon tans in Suid-Afrika.
Die mense wat in hierdie klein koningkrykie woon, is nou verwant aan hul Zoeloe-bure, en daar is weinig verskil tussen hulle tale.[1] Die Swazi's is tradisioneel landbouers en vee speel 'n belangrike rol. 'n Kenmerkende Swazi-tradisie is die jaarlikse rietdans, wat gewoonlik in die lente begin. Jong maagde - waarvan een deur die Swazi-koning tot nuwe vrou gekies word - voer hierdie seremonie uit. Vandag betrek hierdie geleentheid honderde jong meisies, wat met varsgeplukte riete en geklee in kleurvolle tradisionele krale vir langer as sewe dae voor 'n groot gehoor swaai en sing.
Sien ook[wysig | wysig bron]
Verwysings[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband met Swazi people. |
Etniese groepe in Suid-Afrika | |||
---|---|---|---|
|
<urn:uuid:fada9f95-0956-4dbd-ab39-e5ae70fa5796>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Swazi%27s
|
2019-07-18T11:21:15Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525627.38/warc/CC-MAIN-20190718104512-20190718130512-00081.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999972
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Helpmekaar, KwaZulu-Natal
- Die artikel handel oor die dorp in KwaZulu-Natal, vir die skool in Johannesburg, sien Helpmekaar.
Helpmekaar | |
Koördinate: Koördinate: | |
Land | Suid-Afrika |
---|---|
Provinsie | KwaZulu-Natal |
Distriksmunisipaliteit | uThukela |
Plaaslike Munisipaliteit | Indaka |
Helpmekaar is 'n dorpie in die Zoeloelandstreek van KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Die naam is afkomstig van die dae van die togryers; hulle het mekaar gehelp om oor 'n sekere nek te kom aangesien paaie nie bestaan het nie. Die Zoeloenaam vir die plek is Mankamane (die plek van dikmelk). Die dorp het 'n beduidende rol in die Tweede Vryheidsoorlog sowel as die Anglo-Zoeloe-oorlog gespeel.
|
<urn:uuid:d0812ec9-3a3f-49d4-b645-e5f1a66b6a2f>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Helpmekaar,_KwaZulu-Natal
|
2019-07-18T11:28:52Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525627.38/warc/CC-MAIN-20190718104512-20190718130512-00129.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999986
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Bespreking:Winnie Rust
Jump to navigation
Jump to search
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Winnie Rust-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. |
Artikelriglyne
Dood[wysig bron]
Die artikel noem eers dat sy in Wellington, Wes-Kaap oorlede is. Dan later, word Uitsig, Bloemfontein as die plek genoem. Nou wonder ek maar net, waar was dit nou eintlik? Groete. Frank (kontak) 18:17, 26 November 2016 (UTC)
|
<urn:uuid:4455d97c-55cc-49de-ab33-c1e466a42687>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Winnie_Rust
|
2019-07-19T16:42:06Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526324.57/warc/CC-MAIN-20190719161034-20190719183034-00313.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999988
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Australopithecus sediba
Australopithecus sediba Tydperk: 1.977–1.98 m. jaar gelede Pleistoseen | ||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
’n Skedel van "Karabo" | ||||||||||||||
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||||||
Binomiale naam | ||||||||||||||
†Australopithecus sediba (Lee Rogers Berger et al., 2010)[1] |
Australopithecus sediba is ’n spesie van Australopithecus uit die vroeë Pleistoseen wat sowat 2 miljoen jaar oud is. Ses skelette is in die Wieg van die Mensdom in Suid-Afrika gevind – die een ’n jong man (MH1, ook bekend as "Karabo"),[2] ’n volwasse vrou (MH2), ’n volwasse man en drie kinders.[1][3]
Meer as 220 stukke van die spesie is ontdek.[1] Die gedeeltelike skelette is aanvanklik in die tydskrif Science deur die paleoantropoloog Lee R. Berger van die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg en sy kollegas beskryf as ’n nuut ontdekte spesie van die vroeë mens met die naam Australopithecus sediba ("sediba" beteken "fontein" of "put" in Sotho).[1]
Ontdekking[wysig | wysig bron]
Die eerste voorbeeld van A. sediba is op 15 Augustus 2008 deur die paleoantropoloog Lee Berger se negejarige seun, Matthew, gevind[6] naby sy pa se uitgrawingsterrein in die Malapa-natuurreservaat noord van Johannesburg.[6] Dit het later geblyk die fossiel behoort aan ’n jong man van 1,27 m waarvan die skedel in Maart 2009 deur Berger se span ontdek is.[6] Die vonds is op 8 April 2010 bekend gemaak.
Ouderdom[wysig | wysig bron]
Toetse wys die fossiele is nie ouer as sowat 2 miljoen jaar nie en die teenwoordigheid van dierespesies wat sowat 1,5 miljoen jaar gelede uitgesterf het, wys die fossiele is nie jonder as 1,5 miljoen jaar nie.
Vertolking[wysig | wysig bron]
Die skedel van A. sediba verskil van beide die ouer Australopithecus anamensis, Australopithecus garhi en Australopithecus afarensis en die jonger spesies in die genus Homo. Die klein breinkapasiteit en kort lengte van die fossiele is die belangrikste rede dat die ontdekkers hul vonds as Australopithecus geklassifiseer het en nie as Homo nie.[1][3] Die morfologie van die bekken en die heupe herinner egter sterk aan dié van die mens.
Die ontdekkers beskou A sediba as ’n soort tussenganger tussen Australopithecus africanus (die spesie waartoe die Taung-kind en Mev. Ples behoort) en Homo habilis of selfs die latere Homo erectus (waarvan in Afrika onder andere die Turkana-seun ’n voorbeeld is).[1] Ander ondersoekers wys op die verskille met Homo en is daarom versigtiger. Hulle beskou A. sediba as ’n laat Suider-Afrikaanse soort Australopithecus, wat ’n tydgenoot van die eerste mense was.[7] Die oudste fossiele wat tot die genus Homo gereken word, is dié van Homo rudolfensis en is sowat 2,5 miljoen jaar oud, ouer as A. sediba.
Verwysings[wysig | wysig bron]
- Berger, L. R. (2010). “Australopithecus sediba: a new species of Homo-like australopith from South Africa”. Science 328 (5975): 195–204. doi:10.1126/science.1184944.
- Juliet King (4 Junie 2010). "Australopithecus sediba fossil named by 17-year-old Johannesburg student". Origins Centre. Besoek op 9 Julie 2011.
- Ann Gibbons (2011). “A new ancestor for Homo?”. Science 332 (6029). doi:10.1126/science.332.6029.534-a.
- African fossils put new spin on human origins story - BBC News - Jonathan Amos – Besoek op 9 September 2011.
- Dirks, P. H. G. M. (2010). “Geological setting and age of Australopithecus sediba from Southern Africa”. Science 328 (5975): 205–208. doi:10.1126/science.1184950.
- Celia W. Dugger; John Noble Wilford (8 April 2010). "New hominid species discovered in South Africa". New York Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 April 2010. Besoek op 8 April 2010.
- Balter (2010)
|
<urn:uuid:80f54893-8e4a-4e94-9145-512bb7735acd>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Australopithecus_sediba
|
2019-07-16T02:29:10Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524475.48/warc/CC-MAIN-20190716015213-20190716041213-00001.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999496
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Simbool
'n Simbool is 'n voorstelling of tekening van iets — soos 'n klank, idee, voorwerp, konsep, ens.
Die aard van simbole[wysig | wysig bron]
'n Simbool kan 'n fisiese voorwerp wees waarvan die oorsprong of vorm ooreenstem met die ding wat dit verteenwoordig. Bv. die kruis is die mees algemeenste simbool wat die Christendom verteenwoordig, en die septer is die tradisionele simbool vir koninklike mag.
'n Simbool kan ook 'n verkleinde prentjie wees (soos 'n ikoon op rekenaars), of 'n patroon of kleur, bv., die olyftakkie wat vrede verteenwoordig.
'n Simbool kan ook 'n gewone gedrukte of geskrewe teken wees, wat gebruik word om iets te verteenwoordig (behalwe klanke van 'n taal). Voorbeelde hiervan is die wiskundige simbole π en + wat die Pi-getal en die sommering voorstel. Ander voorbeelde is geldeenheidsimbole soos R, € en £. Daar is ook chemiese simbole vir die basiese elemente, ens. 'n Groot versameling simbole kan gevind word in die padtekens wat gebruik word binne 'n bepaalde land.
Simbole kan ook ander konsepte verteenwoordig soos klanke, woorde en uitdrukkings. Die lui van 'n klokkie of die slag van die regter se hamer is ook simbolies. Om presies te wees, elke woord in elke taal is 'n simbool van een of ander konsep of verwantskap tussen konsepte.
'n Simbool word gewoonlik slegs uitgeken binne 'n spesifieke kultuur, godsdiens of dissipline. Daar is 'n paar honderd simbole wat nou al internasionaal herken en erken word.
Gebruik van simbole[wysig | wysig bron]
Dit is ons as mens se manier om simbole te gebruik wat ons in staat stel om idees, dinge, konsepte, en kwaliteite te beskryf en die verwantskap tussen hulle te ondersoek. Geen ander spesie op aarde is daartoe in staat om só te kommunikeer of dinge om hulle te ondersoek nie. Semantiek is 'n dissipline wat spesifieke simbole ondersoek en is daarom gemoeid met die betekenis van woorde. Literatuur is meermale bewonder vir die kunsvolle gebruik van simboliek deur beide gebruik te maak van woorde, frases en situasies om idees en gevoelens te skep wat meer is as wat die basiese interpretasie van die woorde wou hê.
Etimologie[wysig | wysig bron]
Die woord "simbool" kom van die Griekse woord súmbolon wat afstameling is van twee kernwoorde met die direkte vertaling 'om saam te gooi' .
Sien ook[wysig | wysig bron]
- Ikoon
- Teken
- Logotipe
- Nasionale simbole
- Godsdienstige simboliek
- Lys van algemene simbole
- Lys van symbole
|
<urn:uuid:4804c6a0-f471-4216-beb5-c75ed8d5c331>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Simbole
|
2019-07-23T14:14:46Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529406.97/warc/CC-MAIN-20190723130306-20190723152306-00489.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999996
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Elektriese lokomotief
'n Elektriese lokomotief is 'n lokomotief aangedryf deur elektrisiteit van oorhoofse kragdrade, 'n derde spoor of 'n aanboordenergiestoor soos 'n battery of brandstofsel. Elektriese lokomotiewe wat 'n alternatiewe primêre aanboordkragbron gebruik, soos 'n dieselenjin of gasturbine, word beskou as diesel-elektriese lokomotiewe of gasturbine-elektriese lokomotiewe, omdat die elektriese generator/motor kombinasie slegs dien as 'n kragoordragstelsel op die aste.
Voordele van die gebruik van elektrisiteit vir treine is die uitskakeling van die rook van stoomtreine, en die hoë doeltreffendheid van elektriese motors, maar die koste van elektrifisering beteken dat net swaargebruikte lyne gewoonlik geëlektrifiseer sal word.
Voorbeelde geïllustreer[wysig | wysig bron]
Drie Suid-Afrikaanse Klas 17E-
elektriese lokomotiewe trek 'n trein in Pretoria'n Elektriese dagpassasierstrein van Metrorail verlaat Kalkbaaistasie in die Kaapse skiereiland, 2006.
'n Splinternuwe elektriese lokomotief, die Suid-Afrikaanse Klas 20E tussen Die Punt en Umbilo, Durban, November 2013.
|
<urn:uuid:86042b69-14d3-4c73-b5d1-c42000889700>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Elektriese_lokomotief
|
2019-07-19T21:21:59Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526359.16/warc/CC-MAIN-20190719202605-20190719224605-00033.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999982
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Attila die Hun
Attila die Hun | |
---|---|
Heerser van die Hunniese Ryk | |
Bewind | 434–453 |
Gebore | ca. 406 |
Gesterf | Maart 453 |
Voorganger | Bleda en Ruga |
Opvolger | Ellac, Dengizich, Ernak |
Gade | Kreka Ildico |
Vader | Mundzuk |
Attila (406-453), ook Attila die Hun genoem, was van 434 tot sy dood in 453 'n koning van die Hunne ('n antieke volk van Asië). Hy was die leier van die Hunniese Ryk, wat van die Oeral-rivier tot die Ryn en van die Donau tot die Oossee gestrek het. Attila het die Romeinse Ryk aangeval en beheer oor groot dele daarvan geneem. Hy was berug as 'n wrede, gewelddadige man.[1]
Tydens sy heerskappy was hy een van die mees gevreesde vyande van sowel die Wes-Romeinse Ryk as die Oos-Romeinse Ryk. Hy steek die Donau-rivier twee keer oor om die Balkan te plunder, maar was nie in staat om Konstantinopel te verower nie. Hy probeer ook Romeins-Gallië (die moderne Frankryk) te verower. In 451 steek hy die Ryn oor en masjeer na Aurelianum (Orléans), maar is tydens die Slag op die Katalauniese Velde verslaan (die enigste veldslag wat hy verloor het).[2]
Vervolgens val hy Italië binne, waartydens hy die noordelike provinsies verwoes, maar was nie in staat om Rome te verower nie. Hy het planne vir verdere veldtogte teen die Romeine gehad, maar sterf in Maart 453, die aand na sy huwelik met 'n vrou genaamd Ildiko. Ná sy dood het sy adviseur Ardarik van die Gepide 'n Germaanse opstand teen die Hunne gelei, waarna die Hunniese Ryk vinnig in duie gestort het. Volgens 'n legende is die oorskot van Attila die Hun onder 'n afgeleide gedeelte van die Tisza begrawe.
Bibliografie[wysig | wysig bron]
- Swart, Marius J.: Raar leiers. Stellenbosch: U.U.B., 1967.
|
<urn:uuid:02fcc0a1-fb99-470b-858e-796e4bcd373a>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Attila
|
2019-07-19T20:55:49Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526359.16/warc/CC-MAIN-20190719202605-20190719224605-00369.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999999
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Jou inskrywing:
Wagwoord:
Voer jou aanmeldnaam of jou e-posadres in en klik op Stuur herinnering om per e-pos 'n herinnering te ontvang.
Spesies naam | Recordhouder | Datum | Plek | Notas | Katalogusnommer |
Guadalupe Murrelet - Synthliboramphus hypoleucus | Robert L. DeLong | 1968-06-21 | Islote Negro, Baja California, Mexico, Baja California (Mexico) | - | 138134 macaulaylibrary.org |
Alle opnames is kopiereg deur hulle recordists en verskyn hier onder 'n Creative Commons Erkenning- NonCommercial-NoDerivs 2.5-lisensie .
Macaulay-biblioteekopnames verskyn hier onder die Gebruiksvoorwaardes van Macaulay Library .
AVoCet-opnames : alle opnames word deur hul rekord geregistreer. Individuele toestemmings vir gebruik is beskikbaar onder die individuele opname bladsye in AVoCet.
Avibase is 283,922,803 keer besoek sedert 24 Junie 2003. © Denis Lepage | Privaatheidsbeleid Die Afrikaanse vertaling van hierdie webblad is verskaf deur Johan Meyer
|
<urn:uuid:e09b7d26-0371-414e-9fd4-cbdbf7618505>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://avibase.bsc-eoc.org/species.jsp?lang=AF&avibaseid=2A8D086D&sec=xenocanto
|
2019-07-16T04:13:53Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524502.23/warc/CC-MAIN-20190716035206-20190716061206-00521.warc.gz
|
by-nc-nd
|
2.5
|
a_tag
| false
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.997644
|
{
"abbr": [
"by-nc-nd"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
false
],
"location": [
"a_tag"
],
"version": [
"2.5"
]
}
|
Bespreking:Toas (seun van Dionusos)
(Aangestuur vanaf Bespreking:Thoas (seun van Dionysos))
Jump to navigation
Jump to search
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Toas (seun van Dionusos)-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. |
Artikelriglyne
Daaglikse bladtrekke | |
|
<urn:uuid:f8eedb75-7f60-4f8c-bda6-78acecef1935>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Thoas_(seun_van_Dionysos)
|
2019-07-23T18:25:33Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529481.73/warc/CC-MAIN-20190723172209-20190723194209-00017.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999925
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Theunis C.C. Lombard
Theunis C.C. Lombard is ’n Afrikaanse digter.
Inhoud
Lewe en werk[wysig | wysig bron]
Theunis Christiaan Christoffel Lombard is op 15 September 1923 in Port Elizabeth gebore[1] Hy word groot op sy ouers se plaas in die distrik Somerset-Oos, waar hy ook sy eerste skoolopleiding in ’n plaasskool ontvang. Hierna sit hy sy skoolopleiding voort op Riebeeck-Oos en matrikuleer dan in 1942 aan Gill Kollege op Somerset-Oos. Vanaf 1943 studeer hy verder aan die Universiteit van Pretoria, eers in die medisyne, maar hy verander later van studierigting na lettere en wysbegeerte. Hy voltooi egter nie sy studies nie en verlaat die universiteit sonder om te gradueer. Sy swerwersdrang veroorsaak dat hy na sy studies vir ’n lang ruk deur Suid-Afrika swerf en talle los werkies doen, soos boer, klerk en die bestuur van swaar vragmotors. Hy doen dit in die verlange om ’n nabyheid met die veld te kan ervaar, in teenstelling met die sterk materialistiese gees wat hy in die stede opgemerk het. In 1956 begin sy loopbaan in die Staatsdiens in Pretoria, waar hy buitemuurs verder studeer aan die Universiteit van Pretoria en in 1960 die B.A.-graad behaal met Sielkunde en Sosiologie as hoofvakke. In 1962 verwerf hy die B.A. Honneurs-graad in Sielkunde aan dieselfde universiteit. Hy word later Senior Vakkundige Beampte by die Departement van Arbeid in Johannesburg. In 1978 verwerf hy sy M.A.-graad in Sielkunde aan die Universiteit van Pretoria met ’n verhandeling oor “Die invloed van die affektiewe op slaag-druip by eerstejaarstudente”. In 1963 is hy met Christie getroud en die egpaar het twee seuns, Carel en Theunis.
Skryfwerk[wysig | wysig bron]
Sy eerste gedig, “Materialisme”, verskyn in die Mei 1954 uitgawe van Rooi Rose en hierdie tydskrif plaas hierna gereeld van sy gedigte, terwyl hy later ook in Tydskrif vir Letterkunde van sy gedigte publiseer. Hy ontgin vele digvorme en skryf vrye en rymende verse, kwatryne en selfs haikoes. Baie van sy gedigte word egter steeds gekenmerk deur geykte beeldspraak, herhaling van beelde en woorde, asook vreemde woordgebruik. Die titel van sy debuutbundel “Uit hart, stad en see” verklaar die tematiek van gevoelsverse en die beskrywing van die stadslewe en die natuur. “Klanke uit die siel” is ’n meer eksperimentele bundel waarin die sielkunde beklemtoon word. “Weegskaal” bevat gedigte oor die liefde, die sielelewe en die stad. “Papegaaie oor die reënboog” word ses afdelings verdeel, met die titelgedig in die eerste afdeling. Hierdie gedig roep die verskyning van die kleurvolle reënboog ná die reën op. Die moontlikhede van die vars en reëngewaste dag vind gestalte in kleurvolle woorde, met die woorde gesimboliseer as papegaaie. “Flitse koeplette sang” bevat soos die titel aandui gedigte oor stemmings en indrukke, terwyl “Eggo’s” herinneringsverse is. Daar is ’n afdeling met “Haikoeverse” en een met “Kwatryne”, terwyl die laaste afdeling, “Koggel van die reënboog”, hoofsaaklik liefdesverse is.[2] “Soet sonappelwit wat was” bevat hoofsaaklik gedigte met ’n nostalgiese verlange na ’n kinder- en jeugwêreld wat onherroeplik verby is, spesifiek met die Oos-Kaap as agtergrond.[3] Daar is ook gedigte wat eensame figure in ’n koue stad uitbeeld en gedigte oor die ouderdom en oud word. Die beste gedigte is dié waarin die besef oor die gang van die tyd in fisiese beelde vergestalt word, soos in “Murasie van ’n kasteel” en “Vrede”. Verskeie van sy gedigte word opgeneem in Gerrit Komrij se bloemlesing “Die Afrikaanse poësie in ’n duisend en enkele gedigte”. Hy voltooi ook die manuskrip van ’n digbundel wat hy “Die groot alleen” noem.
Publikasies[wysig | wysig bron]
Jaar | Publikasies |
---|---|
1967 | Uit hart, stad en see |
Klanke uit die siel | |
Weegskaal | |
1969 | Papegaaie oor die reënboog |
1979 | Soetsingreën |
1995 | Soet sonappelwit wat was |
Bronnelys[wysig | wysig bron]
Boeke[wysig | wysig bron]
- Kannemeyer, J.C. “Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 2” Academica, Pretoria, Kaapstad en Johannesburg Eerste uitgawe Eerste druk 1983
Internet[wysig | wysig bron]
Ongepubliseerde dokumente[wysig | wysig bron]
- Lombard, T.C.C. “Lewenskets” Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) Bloemfontein
Resensies[wysig | wysig bron]
- Lewensbesonderhede soos per ongepubliseerde outobiografiese skets in NALN se besit
- Malan, Lucas “Rapport” 28 April 1996
- Van Vuuren, Helize “Die Burger” 28 Februarie 1996
|
<urn:uuid:ba4d5410-e704-4aff-9044-21a427795478>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Theunis_C.C._Lombard
|
2019-07-19T23:24:32Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526386.37/warc/CC-MAIN-20190719223744-20190720005744-00241.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 1.000006
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Kepler-1625
Kepler-1625 | ||||
Sterrebeeld | Swaan | |||
Soort | Subreus | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 19h 41m 43.043s[1] | |||
Deklinasie | 39° 53′ 11.6″[1] | |||
Skynmagnitude (m) | 13,916[2] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 1,079[3] | |||
Radius (R☉) | 1,793[3] | |||
Ouderdom (jaar) | 4,36 miljard[2] | |||
Temperatuur (K) | 5 548[3] | |||
Afstand (ligjaar) | 7 000 - 8 000 | |||
Metaalinhoud [Fe/H] | +0,12[3] | |||
Ander name | ||||
KIC 4760478, KOI 5084, 2MASS J19414304+3953115 | ||||
Kepler-1625 is ’n sonagtige ster met ’n skynbare magnitude van sowat 14 in die sterrebeeld Swaan, sowat 7 000 - 8 000 ligjare van die Aarde af. Sy radius is net minder as 80% van die Son s’n en sy massa sowat 8% groter as die Son s'n. In 2016 is ontdek ’n eksoplaneet, Kepler-1625b, wentel om die ster: Dit is ’n gasreus in die ster se bewoonbare sone. In 2018 is berig die eksoplaneet het dalk ’n eksomaan, Kepler-1625b I.[4] Waarnemings deur die Hubble-ruimteteleskoop het ook bewyse gelewer dat daar 'n maan is, maar onlangse ontledings in 2019 dui daarop dat die maan dalk nie bestaan nie.[5]
Eienskappe[wysig | wysig bron]
Kepler-1625 is ’n taamlik groot ster soortgelyk aan die Son. Sy radius is 1,79 keer die Son s’n, maar sy massa is net sowat 1,079 sonmassas.[3] Sy temperatuur is sowat 5 548 K, effens koeler as die Son.[3] Dié parameters dui daarop dat Kepler-1625 ’n geel subreus naby die einde van sy bestaan kan wees. Die ster het ’n hoë metaalinhoud van +0,12 dex (in vergelyking met die Son s’n van 0,00) en is meer as 3 900 ligjare van hier.[3]
Planetêre stelsel[wysig | wysig bron]
Planeet of skyf (vanaf ster) |
Massa | Semi-hoofas (AE) |
Wentelperiode (dae) |
Eksentrisiteit | Baanhelling (°) |
Radius |
---|---|---|---|---|---|---|
b | ~3 000 M⊕ | 0,811-0,8748 | 287,3789±0,0030 | — | 89,97±0,02 | 6-12 R⊕ |
Die ster het een bevestigde planeet. Dit is effens groter as Jupiter en wentel een keer in 287,3 aarddae om sy ster. As die kleiner raming van die ster se grootte reg is, is Kepler-1625b egter ’n gasplaneet van 6 aardradiusse wat in die ster se bewoonbare sone voorkom.[3]
Moontlike eksomaan[wysig | wysig bron]
Die ligkurwes van die drie waargenome oorgange dui op die bestaan van ’n eksomaan so groot soos Neptunus wat om die planeet wentel. Nog waarnemings is nodig om die bestaan van die maan te bevestig of uit te skakel. Hoewel die Hubble-ruimteteleskoop in 2018 ook ligkurwes waargeneem het wat op die teenwoordigheid van 'n maan dui,[4] het verdere ontledings in 2019 daarop gedui die ligkurwes kan die gevolg van dataredusering wees.[5]
Verwysings[wysig | wysig bron]
- (2003) “VizieR Online Data Catalog: 2MASS All-Sky Catalog of Point Sources (Cutri+ 2003)”. VizieR On-line Data Catalog: II/246. Oorspronklik gepubliseer in: 2003yCat.2246....0C 2246.
- "NASA Exoplanet archive". Besoek op 2017-07-28.
- (2017) “Revised Stellar Properties of Kepler Targets for the Q1-17 (DR25) Transit Detection Run”. The Astrophysical Journal Supplement Series 229 (2): 30. doi:10.3847/1538-4365/229/2/30.
- (2018) “HEK VI: On the Dearth of Galilean Analogs in Kepler and the Exomoon Candidate Kepler-1625b I”. The Astronomical Journal 155 (1). doi:10.3847/1538-3881/aa93f2.
- Kreidberg, Laura; Luger, Rodrigo; Bedell, Megan (2019-04-24). "No Evidence for Lunar Transit in New Analysis of HST Observations of the Kepler-1625 System". [astro-ph.EP].
Eksterne skakels[wysig | wysig bron]
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
|
<urn:uuid:9707d091-fd4a-446b-862a-d857e9d8b688>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/2MASS_J19414304%2B3953115
|
2019-07-18T17:56:10Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525699.51/warc/CC-MAIN-20190718170249-20190718192249-00321.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999371
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Beskrywing
Beskrywing is 'n ontwikkelingspatroon wat 'n woordprentjie van 'n voorwerp, 'n persoon, 'n situasie of 'n reeks gebeure skep. Saam met eksposisie, redenering en vertelling is dit een van die vier retoriese metodes (ook bekend as vorms van diskoers). Elkeen van die retoriese metodes kom in 'n verskeidenheid vorms voor en elk beskik oor 'n eie doel en konvensies. Beskrywing as handeling kan met dié van definisie verbind word. Beskrywing is ook die fiksieskryf-metode vir die oordra van 'n gedagtebeeld van die besonderhede van 'n storie.[verwysing benodig]
Inhoud
As fiksieskryf-metode[wysig | wysig bron]
Fiksie is 'n tipe narratief, een van die vier retoriese diskoersmetodes. Daar is ook fiksieskryf-metodes: handeling, eksposisie, beskrywing, dialoog, opsomming en oorgang.[1] Die outeur Peter Selgin verwys na metodes, wat handeling, dialoog, denke, opsomming, tonele en beskrywing insluit.[2] Binne die skryfgemeenskap is daar nog nie konsensus oor die hoeveelheid en samestelling van fiksieskryf-metodes en hulle gebruike nie.
Beskrywing as fiksieskryf-metode word gebruik om 'n "prentjie" van die besonderhede van 'n verhaal oor te dra. Saam met dialoog, vertelling, eksposisie en opsomming, is beskrywing een van die fiksieskryf-metodes wat die meeste erkenning geniet. Volgens Writing from A to Z, (red. Kirk Polking) is beskrywing meer as die opgaar van besonderhede; dit maak 'n verhaal lewendig deur woorde en frases versigtig te kies en te rangskik om die gewenste effek te verkry.[3] Die mees gepaste en effektiewe tegnieke vir die aanbieding van 'n beskrywing bly 'n kwessie van bespreking onder skrywers en skryfafrigters.
Mooiskrywery[wysig | wysig bron]
In literatuurkritiek verwys mooiskrywery na 'n gedeelte of soms 'n hele werk wat so hoogdrawend, opgesmuk of bloemryk geskryf is dat dit die vloei onderbreek en die aandag op die taal self vestig. Mooiskrywery is meer sintuiglik evokatief as wat die konteks vereis. Dit verwys ook na 'n manier van skryf wat sekere retoriese effekte soos oordrewe sentiment of patos gebruik om 'n leser se respons te manipuleer.[verwysing benodig]
Filosofie[wysig | wysig bron]
Wat filosofie betref, is die aard van beskrywing sedert Bertrand Russell se klassieke tekste 'n belangrike vraag.[4]
Fisika[wysig | wysig bron]
Sien ook[wysig | wysig bron]
Aantekeninge[wysig | wysig bron]
Verwysings[wysig | wysig bron]
- Rozakis, Laurie (2003). The Complete Idiot's Guide to Grammar and Style, 2nd Edition. Alpha. ISBN 978-1-59257-115-4
- Marshall, Evan (1998). The Marshall Plan for Novel Writing. Cincinnati, OH: Writer's Digest Books. pp. 143–165. ISBN 1-58297-062-9.
- Morrell, Jessica Page (2006). Between the Lines: Master the Subtle Elements of Fiction Writing. Cincinnati, OH: Writer's Digest Books. p. 127. ISBN 978-1-58297-393-7.
- Polking, Kirk (1990). Writing A to Z. Cincinnati, OH: Writer's Digest Books. ISBN 0-89879-435-8.
- Selgin, Peter (2007). By Cunning & Craft: Sound Advice and Practical Wisdom for fiction writers. Cincinnati, OH: Writer's Digest Books. p. 38. ISBN 978-1-58297-491-0.
|
<urn:uuid:e5963fff-2c30-41c5-85c6-1b1afd841bfe>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Beskrywing
|
2019-07-18T17:45:46Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525699.51/warc/CC-MAIN-20190718170249-20190718192249-00321.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999978
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
665
Jump to navigation
Jump to search
665 |
◄ | 6de eeu | ◄7de eeu► | 8ste eeu | ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:665 |
Kalenders | |
Die jaar 665 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 65ste jaar van die 7de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- Koning Swithelm van Essex word opgevolg deur Sighere en Sebbi.
- Omtrent hierdie jaar het Tibet die reise van hofamptenare en monnikke tussen China en Nepal onmoontlik gemaak. Die betrekkings tussen China en Nepal sal eers in 964 herstel word. [1]
|
<urn:uuid:c0644878-2363-44ac-befd-8d5b47472e85>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/665
|
2019-07-21T07:46:00Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526931.25/warc/CC-MAIN-20190721061720-20190721083720-00081.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999987
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Bespreking:Ruimtevaardergroep 2
Jump to navigation
Jump to search
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Ruimtevaardergroep 2-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. |
Artikelriglyne
Daaglikse bladtrekke | |
|
<urn:uuid:f373496b-e6fa-48a1-a707-234ee5386f33>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Ruimtevaardergroep_2
|
2019-07-21T06:59:40Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526931.25/warc/CC-MAIN-20190721061720-20190721083720-00081.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999964
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Bespreking:Nagtegaallyster
Jump to navigation
Jump to search
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Nagtegaallyster-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. |
Artikelriglyne
Daaglikse bladtrekke | |
|
<urn:uuid:a467f444-6292-4b2a-97d0-969d9d9cba5b>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Nagtegaallyster
|
2019-07-18T17:29:46Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525699.51/warc/CC-MAIN-20190718170249-20190718192249-00441.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999994
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Val Thorens is 'n ski-oord in die Franse département Savoie (région Rhône-Alpes). Met 'n hoogte van 2 300 meter bo seevlak is dit die hoogste in Europa. Val Thorens vorm saam met Saint-Martin-de-Belleville, Les Menuires, Méribel, La Tania en Cou... Read further
|
<urn:uuid:37b08d30-2122-4666-8913-b5afae191a30>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.advisor.travel/photo_ex/Grand-Fond-1950349
|
2019-07-23T18:25:15Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529481.73/warc/CC-MAIN-20190723172209-20190723194209-00521.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
a_tag
| false
| true
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.88358
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
true
],
"in_head": [
false
],
"location": [
"a_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Ficksburgtornado
In hierdie ramp het een negejarige seun, Jama Mokhekhe, weens trauma aan die ingewande en veelvoudige wonde veroorsaak deur vlieënde brokstukke omgekom,[1] terwyl tientalle beseer (waarvan 2 ernstig) en honderde dakloos gelaat is. Een-honderd-twee-en-twintig HOP-huise is vernietig.[2] Die ambulansdiens het 42 beseerdes na die Phutuloha-hospitaal vervoer en vir snyplekke, kneuswonde en bloeding behandel.
Daar heers verskille of hierdie tornado as 'n fratsverskynsel geïdentifiseer kan word of nie. Hoewel tornado's in Suid-Afrika wel in die lente en somer voorkom, vind dit eintlik eers werklik vanaf November plaas.[3] [4]
|
<urn:uuid:aa0c79d3-d8b4-4fdb-8ed4-4ecfc92e52d9>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Ficksburgtornado
|
2019-07-18T22:20:19Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525829.33/warc/CC-MAIN-20190718211312-20190718233312-00185.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999866
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Kamera
’n Kamera is ’n optiese instrument wat beelde registreer wat in die kamera gestoor of na ’n ander plek oorgedra kan word, of albei. Dit kan stilfoto's wees of bewegende beelde soos video's of rolprente. Die term "kamera" kom van die woorde camera obscura (Latyn vir "donkerkamer"), ’n vroeë metode om beelde te projekteer. Die moderne kamera het uit die camera obscura ontwikkel. Dit werk baie soos die menslike oog.
Nadat die camera obscura eeue lank gebruik is om kunstenaars te help teken en skilder asook om nie-permanente foto's te neem, is die eerste permanente foto in 1826 deur die Franse uitvinder Joseph Nicéphore Niépce geneem met ’n houtbokskamera. Hy was die eerste persoon wat daarin geslaag het om beelde te fikseer en so permanent te maak.
Die eerste kamera wat vir kommersiële gebruik vervaardig is, was ’n daguerreotipe-kamera, wat ontwikkel is danksy ’n proses wat deur die Fransman Louis Daguerre uitgevind is. Sedertdien het die tegnologie vir kameras en lense aansienlik verbeter.
Verskeie verstellings is met die meeste moderne kameras moontlik, waarmee die fokus, beligtingstyd en grootte van die lensopening gestel kan word. Verskillende soorte kameras met ’n verskeidenheid filmformate is verkrygbaar, van grootformaat- tot kompakte kameras. Met die ontwikkeling van digitale kameras en slimfone het die gewildheid van kameras wat film gebruik, grootliks afgeneem.
Inhoud
- 1 Werking van ’n kamera
- 2 Geskiedenis
- 3 Meganika
- 4 Filmformate
- 5 Soorte kameras
- 6 Verwysings
- 7 Bronne
- 8 Eksterne skakels
Werking van ’n kamera[wysig | wysig bron]
’n Kamera kan werk met die lig van die sigbare spektrum of ander dele van die elektromagnetiese spektrum[1] ’n Stilkamera is ’n instrument wat ’n enkele beeld van ’n voorwerp of toneel skep en dit op ’n beeldsensor of fotografiese film registreer. Alle kameras gebruik dieselfde basiese ontwerp: lig gaan ’n toe houer deur ’n konvergensielens binne en ’n beeld word op ’n ligsensitiewe medium geregistreer. ’n Sluitermeganisme beheer hoe lank die lig in die kamera skyn.[2] Die meeste fotografiese kameras het ’n funksie wat die fotograaf in staat stel om die toneel te sien wat afgeneem word, om te sorg dat ’n bepaalde deel van die toneel in fokus is en die beligting te beheer sodat die foto nie te lig of te donker is nie.[3] ’n Toonskerm stel die fotograaf in staat om die stellings soos die filmspoed, beligting en sluiterspoed te sien.[4][5]
’n Rolprent- of videokamera werk op dieselfde beginsel, behalwe dat dit ’n reeks statiese beelde kort ná mekaar neem, gewoonlik teen ’n spoed van 24 raampies per sekonde. Wanneer die beelde gekombineer en in die regte volgorde vertoon word, word die illusie van beweging verkry.[6]
Geskiedenis[wysig | wysig bron]
Die voorloper van die kamera was die camera obscura.[8] In die 5de eeu v.C. het die Chinese filosoof Mo Ti opgemerk ’n prikgaatjie kan ’n omgekeerde en gefokusde beeld skep wanneer lig deur die gaatjie tot in ’n donker plek skyn.[9] Hy is die eerste mens bekend wat die verskynsel ondersoek het om ’n foto te skep.[10] Aristoteles het ook dié beginsel in die 4de eeu v.C. genoem.[11] Hy het beskryf hoe hy ’n gedeeltelike sonsverduistering in 330 v.C. waargeneem het deurdat hy die beeld van die son deur ’n klein opening tussen die blare van ’n boom geprojekteer gesien het.[12] In die 10de eeu n.C. het die Arabiese geleerde Ibn al-Haytham (Alhazen) ook geskryf hoe hy ’n sonsverduistering deur ’n prikgaatjie gesien het,[13] en hy het beskryf hoe ’n skerper beeld verkry kon word deur die gaatjie kleiner te maak.[12] Teen die 15de eeu het kunstenaars en wetenskaplikes dié verskynsel gebruik om waarnemings te maak. Oorspronklik moes die waarnemers in ’n kamer staan waar ’n klein gaatjie in die een muur gemaak is. Hulle kon dan die beeld van ’n toneel buite die kamer op die teenoorgestelde muur sien.[14] Die naam camera obscura, Latyn vir "donker kamer", kom van hierdie vroeë gebruik.[15] Die term is vir die eerste keer gebruik deur die wiskundige en sterrekundige Johannes Kepler in sy Ad Vitellionem paralipomena van 1604.[16]
Die Italiaanse wetenskaplike Giambattista della Porta het die camera obscura in detail beskryf in sy 1558-werk Magia Naturalis, en spesifiek voorgestel dat kunstenaars die camera obscura se beelde op papier kan projekteer en dan die buitelyne aftrek.[17] Die instrument was van die 1600's tot die 1800's gewild as hulpmiddel om te teken en skilder.[18] Draagbare toestelle is in die 17de eeu gemaak. Kepler het byvoorbeeld ’n draagbare tent gemaak en die camera obscura teen 1620 met ’n lens toegerus.[19][20] Dit het tot in die vroeë 1800's gewild gebly.[21] ’n Toestel met ’n spieëlrefleksmeganisme wat met die hand vasgehou kon word, is in 1685 die eerste keer deur die Duitser Johann Zahn voorgestel – die ontwerp sou later in kameras gebruik word.[22]
Voor die ontwikkeling van die kamera was dit honderde jare lank reeds bekend dat sommige stowwe, soos silwersoute, donkerder word wanneer dit aan sonlig blootgestel word.[23] In ’n reeks proefnemings wat in 1727 gepubliseer is, het die Duitse wetenskaplike Johann Heinrich Schulze gedemonstreer dat die verdonkering net deur lig veroorsaak word en nie deur hitte of die blootstelling aan lug nie.[24] Die Sweedse apteker Carl Wilhelm Scheele het in 1777 gewys silwerchloried was buitengewoon geneig om donkerder te word van blootstelling aan lig, en wanneer dit eers donker is, word dit onoplosbaar in ’n ammoniakoplossing.[24] Die eerste mens wat hierdie manier gebruik het om beelde te maak was die Brit Thomas Wedgwood.[23] Hy het items soos blare en insekvlerke op keramiekpotte gesit wat bedek was met silwernitraat, en dit dan aan lig blootgestel. Dié beelde was egter nie permanent nie omdat Wedgwood nie ’n fikseermeganisme gebruik het nie. Hy het eindelik misluk in sy poging om permanente beelde te maak wat deur ’n camera obscura geskep is.[25]
View from the Window at Le Gras (1826), die oudste foto wat bewaar gebly het.[26]
Die eerste permanente foto is in 1826 deur Joseph Nicéphore Niépce geneem met ’n glybare houtbokskamera wat in Parys deur Charles en Vincent Chevalier gemaak is.[28] Niépce het sedert 1816 geëksperimenteer met maniere om beelde van die camera obscura te fikseer. Die foto wat Niépce geneem het, wys die toneel buite sy venster. Dit is met ’n beligtingstyd van agt uur geneem op piouter bedek met bitumen.[29] Niépce het sy proses "heliografie" genoem.[30] Hy het met die uitvinder Louis Daguerre gekorrespondeer, en die twee het ’n vennootskap aangegaan om die proses te verbeter. Niépce het ook met ander chemikalieë geëksperimenteer om kontras op sy heliograwe te verhoog. Daguerre het ’n beter camera obscura ontwerp, maar die vennootskap het in 1833 geëindig toe Niépce oorlede is.[31] Daguerre het daarin geslaag om ’n skerp beeld met hoë kontras te skep op ’n plaat wat met silwerjodied bedek was en daarna aan kwikdamp blootgestel is.[32] Teen 1837 was hy in staat om beelde te fikseer met ’n gewone soutoplossing. Hy het die proses "daguerreotipe" genoem en ’n paar jaar lank gesukkel om dit kommersieel suksesvol te maak. Die Franse regering het eindelik Daguerre se proses aangeskaf vir openbare gebruik.
Die eerste kamera wat vir kommersiële gebruik vervaardig is, was ’n daguerreotipe-kamera wat deur Alphonse Giroux gebou is. Dit was ’n dubbelhouer-ontwerp met ’n landskaplens aan die buitenste houer, en ’n fokusskerm en beeldplaat aan die binneste houer. Deur die binneste houer te skuif kon voorwerpe in fokus gebring word. ’n Wiel met groewe wat ’n koperflap voor die lens beheer het, het as sluiter gedien. Die beligtingstyd was in 1839 enigiets van 5 tot 30 minute.[33][34]
In 1839 is soortgelyke kameras vervaardig met koperplate wat met silwer bedek was; dit was die eerste praktiese fotografiese medium. Kolodionprosesse het in die 1850's die daguerreotipe vervang. Die eerste kameras van dié soort was eenvoudig, maar meer ingewikkelde ontwerpe het later die lig gesien. Met die Dubroni van 1864 is die ontwikkeling van die plate in die kamera self gedoen in plaas van in ’n donkerkamer. Ander kameras is met veelvoudige lense toegerus om verskeie klein foto's op ’n enkele groot plaat te maak, byvoorbeeld vir visitekaartjies. In dié tyd het die gebruik van kamerakonsertinas (bellows) algemeen geraak en die groter en swaarder boksontwerpe het verdwyn.
Jare lank was die beligtingstye lank genoeg sodat fotograwe bloot die lens se deksel afgehaal het om ’n foto te neem en dan weer die deksel teruggeplaas het nadat hulle die sekondes of minute afgetel het wat hulle gedink het nodig was vir die regte beligting. Nadat sensitiewer fotografiese materiale beskikbaar geraak het, het kameras meganiese sluitermeganismes begin gebruik wat korter en akkurater beligtingstye moontlik gemaak het.
Die eerste kamera wat digitale tegnologie gebruik het om beelde te neem en stoor, is in 1975 deur die Kodak-tegnikus Steven Sasson ontwerp. Sy kamera het swart-wit foto's op ’n kasset gestoor.[35] Die beelde is dan van die kasset af gelees en op ’n TV-skerm gekyk.[36]
Meganika[wysig | wysig bron]
Beeldvaslegging[wysig | wysig bron]
Kameras wat een beeld op ’n slag neem, staan bekend as stilkameras en dié wat ’n reeks beelde neem as rolprent- of videokameras. Soms oorvleuel die kameras, want baie moderne stilkameras kan ook video's neem.
Lens[wysig | wysig bron]
Die lens van die kameras vang die lig op en fokus dit op die film of sensor. Die ontwerp en vervaardiging van die lens is belangrik vir die gehalte van die foto's wat geneem word. Die tegnologiese rewolusie in kamera-ontwerp in die 19de eeu het ’n groot verbetering van optiese glas en lensontwerp tot gevolg gehad, wat groot voordele vir ander optiese instrumente ingehou het, van brille tot mikroskope.
Kameralense is beskikbaar in ’n groot verskeidenheid fokusafstande. Hulle wissel van uiters wyehoeklense tot telefotolense. Elk is goed vir ’n sekere soort fotografie. Eersgenoemde is veral geskik vir byvoorbeeld die afneem van geboue, want dit gee ’n wye beeld van die gebou. Laasgenoemde word weer dikwels vir sport- of wildfotografie gebruik omdat dit die voorwerp nader bring, hoewel dit meer geneig is om enige beweging deur die fotograaf te registreer. Normale lense is geskik vir portret- of dokumentêre foto's omdat dit gewoonlik ’n redelik groot lensopening het.[37]
Fokus[wysig | wysig bron]
Vanweë die optiese eienskappe van ’n lens sal net voorwerpe binne sekere afstandsgrense in fokus wees. Die fokus kan egter verstel word en daar is verskeie maniere om dit te doen. Die eenvoudigste kameras het ’n vaste fokus en gebruik ’n klein lensopening en wyehoeklens om te verseker alles binne ’n sekere afstand van die kamera (gewoonlik sowat 3 meter) tot in oneindigheid is redelik gefokus. Dit word gewoonlik in goedkoper kameras aangetref.
Met meetsoekerkameras (rangefinder cameras) kan die afstand na voorwerpe gemeet word deur middel van ’n eenheid bo-op die kamera, en so kan die fokus akkuraat gestel word. Enkellensreflekskameras stel die fotograaf in staat om die fokus en samestelling visueel te bepaal deur middel van ’n objektieflens en bewegende spieël om die beeld op ’n skerm te vertoon. Moderne kameras het outofokusstelsels om die kamera outomaties te laat fokus deur middel van ’n verskeidenheid metodes.[38]By meeste kameras kan die fokus deesdae gestel word vir ’n bepaalde soort fotografie; die stellings word op die kamera aangedui deur simbole, soos ’n kop en skouers vir portretstudies, of ’n berg vir landskapfotografie.
Beligtingsbeheer[wysig | wysig bron]
Die grootte van die lensopening en die helderheid van die toneel is die faktore wat bepaal hoeveel lig die film of sensor op ’n gegewe tyd bereik, en die sluiterspoed bepaal vir hoe lank dit op die film of sensor skyn. Dieselfde beligting kan bereik word met ’n groter lensopening en vinniger sluiterspoed as met ’n kleiner lensopening en stadiger sluiterspoed.
Sluiters[wysig | wysig bron]
Hoewel ’n verskeidenheid soorte sluiters al deur die jare ontwerp is, word veral twee soorte deesdae gebruik.
- Blaarsluiters kom in die lens voor en bestaan gewoonlik uit een of meer metaalplate naby die diafragma wat met ’n veer beheer word. Die hele fotoraampie word tegelykertyd aan lig blootgestel deurdat die metaalplaatjie(s) voor die lensopening wegskuif.
- Gordynsluiters lê so na aan die fokusvlak as moontlik en bestaan uit gordyne van metaal of materiaal wat oor die film beweeg en so ’n opening skep waardeur die lig skyn. Hulle word veral in enkellensreflekskameras aangetref omdat dit die fotograaf in staat stel om heeltyd deur die lens te kyk, behalwe op die oomblik wanneer die foto geneem word. Dit maak dit ook moontlik om lense om te ruil terwyl daar ’n film in die kamera is.
Filmformate[wysig | wysig bron]
’n Groot verskeidenheid film- en plaatformate word in kameras gebruik. In die vroeë geskiedenis van die kamera het die groottes gewoonlik afgehang van die model en vervaardiger, hoewel ’n mate van standaardisasie gou ontstaan het vir die gewildste kameras. Die bekendstelling van rolfilm het standaardisasie bespoedig sodat net ’n paar groottes rolfilm teen die 1950's in gebruik was. Dit het ingesluit 120-film, 220-film, 127-film en 135-film (35 mm-film, vir 12, 24 of 36 foto's).
Vir rolprentkameras is 35 mm breë film met perforasies weerskante in die 1890's as die standaard vasgestel. Dit word steeds vir die vervaardiging van feitlik alle filmgebaseerde rolprente gebruik. Vir amateurgebruik was daar al verskeie formate, met breedtes van 17,5, 9,5, 16 en sedert 1932 ook 8 mm. Die Super 8-formaat, met dieselfde breedte maar kleiner gaatjies en dus ’n groter raampie-oppervlakte, is in 1965 bekendgestel.
Soorte kameras[wysig | wysig bron]
’n Meetsoekerkamera, ’n Leica van omstreeks 1936.
Plaatkamera[wysig | wysig bron]
Die vroegste kameras waarvan aansienlike hoeveelhede vervaardig is, het gesensiteerde glasplate gebruik. Lig het die kamera binnegegaan deur ’n lensbord wat van die plaat geskei was deur ’n kamerakonsertina wat uitgerek kon word.
Van hulle was eenvoudig, maar daar was ook enkellensreflekskameras met omruilbare lense en selfs kameras vir kleurfotografie. Baie het kontroles gehad om die lens laer of hoër te stel en om dit vorentoe of agtertoe te draai om die perspektief te beheer.
Die glasplate is later vervang met vlakfilm (of bladfilm) in ’n donker omhulsel. Hulle het ook dikwels ’n eenvoudige optiese beeldsoeker gehad. Kameras wat enkelfoto's op vlakfilm neem en baie soos die plaatkameras werk, word steeds vir statiese hoëgehaltefoto's gebruik; sien Grootformaatkamera hieronder.
Grootformaatkamera[wysig | wysig bron]
Grootformaatkameras, wat vlakfilm gebruik, het ontwikkel uit die vroeëre plaatkameras en word steeds gebruik vir hoëgehaltebeelde in onder meer tegniese, argitektuur- en nywerheidsfotografie. Hulle het ’n verlengbare konsertina (bellows) met die lens en sluiter op ’n lensplaat aan die voorkant. Hulle kan rolfilm of digitale sensors gebruik benewens die standaardvlakfilm. ’n Groot verskeidenheid bewegings is moontlik waarmee die fokus en perspektief streng beheer kan word. Dié kameras kan net vir statiese voorwerpe gebruik word en is stadig.
Mediumformaatkamera[wysig | wysig bron]
Mediumformaatkameras se filmgrootte is tussen dié van grootformaat- en 35 mm-kameras, gewoonlik 120- of 220-rolfilm. Die algemeenste beeldgroottes is 6×4,5 cm, 6×6 cm en 6×7 cm; die ouer 6×9 cm word deesdae selde gebruik. Daar is meer variasies in die ontwerp van dié kameras as in dié van die groter formaat. Daar is selfs kompakte mediumformaatkameras te kry.
Bokskamera[wysig | wysig bron]
Bokskameras is ontwerp as ’n bekostigbare kamera en het min kontroles gehad. Die oorspronklike Brownie-boksmodelle het ’n klein refleksbeeldsoeker bo-op en ’n eenvoudige sluiter gehad, en geen lensopening- of fokuskontroles nie.
Meetsoekerkamera[wysig | wysig bron]
Namate die tegnologie vir kameras en lense ontwikkel het en lense met groot openinge algemener geword het, is meetsoekerkameras (rangefinder cameras) bekend gestel met ’n beter fokusfunksie. Vroeë meetsoekerkameras het twee aparte soekervensters gehad, waarvan een aan die fokusmeganisme gekoppel was en link of regs beweeg het wanneer die fokusring gedraai is. Die twee aparte beelde is saam op ’n glasskerm vertoon. Wanneer vertikale lyne op die voorwerp wat afgeneem is in die saamgestelde beeld opgelyn het, was die voorwerp in fokus. Hulle het ook ’n normale beeldsoeker vir fotokomposisie gehad. Later is die beeld- en meetsoeker gekombineer.
Enkellensreflekskamera[wysig | wysig bron]
In enkellensreflekskameras (( SLR cameras) sien die fotograaf die toneel deur die kameralens. Dit voorkom ) parallaks, wat plaasvind wanneer die beeldsoekerlens en die lens wat die foto neem, geskei word. Die kameras is in verskeie formate beskikbaar, maar die algemeenstes is vir 35 mm-film. Dit het die oorgang na digitale kameras baie makliker gemaak aangesien die kameragrootes dieselfde is en hulle soms dieselfde lensstelsels gebruik.
Feitlik alle enkellensreflekskameras gebruik ’n frontale spieël in die optiese pad om die lig van die lens deur die kykskerm en pentaprisma te gelei na die oogstuk. Met die neem van die foto word die spieël uit die pad van die lig gewip voordat die sluiter oopgaan.
Dubbellensreflekskamera[wysig | wysig bron]
Dubbellensreflekskameras (( twin-lens reflex or TLR cameras) het twee feitlik identiese lense gebruik, een om die beeld te vorm en die ander as ’n beeldsoeker. Die kyklens was net bo die fotografeerlens geplaas. Die kyklens het ’n beeld op die kykskerm gegooi wat van bo-af gesien kon word. Gewoonlik het die twee beelde presies ooreengestem, maar op kort afstand het ’n mate van parallaks voorgekom. )
Kitskamera[wysig | wysig bron]
In dié kameras, waarvan Polaroid-kameras die bekendstes was, word die film in die kamera ontwikkel. Ná ’n minuut word die deklaag afgetrek vir ’n enkele, oorsponklike positiewe foto in ’n vaste formaat. Met sekere stelsels is dit ook moontlik om ’n kitsnegatief te skep, waarvan nog afdrukke dan in ’n laboratorium ontwikkel kan word. Kitskameras is in verskillende formate beskikbaar, en rolle kitsfilm is te kry vir gewone kameras.
Mik-en-druk-kamera[wysig | wysig bron]
Kompakte of mik-en-druk-kameras is stilkameras wat op ’n eenvoudige manier werk vir mense wat hulself nie as fotograwe beskou nie, maar graag goeie foto's wil neem. Die meeste gebruik lense wat outomaties fokus en stel ook die beligting en lensopening outomaties. Die meeste het ook ’n ingeboude flits.
Dit is verreweg die gewildste alleenstaande kamera (in teenstelling met kamerafone). Verkope het ná omstreeks 2010 begin afneem toe slimfone gewilder geraak het vir dié doel.
Verwysings[wysig | wysig bron]
- Gustavson, bl. VII
- Young, Freedman & Ford, bl. 1182–1183
- London, Upton, Kobré & Brill, bl. 4
- London, Upton, Kobré & Brill, bl. 6-7
- Burian & Caputo, bl. 12
- Ascher & Pincus, bl. 4
- Kirkpatrick, Larry D.; Francis, Gregory E. (2007). "Light". Physics: A World View (6 uitg.). Belmont, California: Thomson Brooks/Cole. p. 339. ISBN 0-495-01088-X.
- Batchen, Geoffrey. "Images formed by means of a camera obscura". Burning with Desire: The Conception of Photography. Cambridge, MA: MIT Press. pp. 78–85. ISBN 0-262-52259-4.
- Hirsch, bl. 3-4
- Gustavson, bl. 4
- Johnson, Rice, en Williams, bl. 36
- Hirsch, bl. 4
- Gernsheim, bl. 3-4
- Frizot, bl. 18
- Gernsheim, bl. 3
- Wenczel, bl. 22
- Gernsheim, bl. 4
- Wenczel, bl. 18
- Warren, Lynne (2006). "Camera Obscura". Encyclopedia of twentieth-century photography. London: Routledge. p. 224. ISBN 0-415-97665-0.
- Stefoff, Rebecca (2007). "A Dark Chamber: Optics". The Camera. Tarrytown, NY: Mashall Cavendish. p. 23. ISBN 0-7614-2596-9.
- Gernsheim, bl. 5
- Gernsheim, bl. 5-6
- Gustavson, bl. 4
- Gernsheim, bl. 7
- Gernsheim, bl. 8
- Gustavson, bl. 3-5
- Gustavson, bl. 9
- Gernsheim, bl. 9-11
- Gernsheim, bl. 9
- Gustavson, bl. 5
- Gernsheim, bl. 10
- Gustavson, bl. 6
- Gustavson, bl. 8-9
- Frizot, bl. 39
- Gustavson (500 Cameras), bl. 442
- Hitchcock, bl. 225
- McHugh, Sean. "Understanding Camera Lenses". Cambridge in Colour. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2013-08-19.
- Brown, Gary. "How Autofocus Cameras Work". HowStuffWorks.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2013-09-30.
Bronne[wysig | wysig bron]
- Ascher, Steven; Pincus, Edward (2007). The Filmmaker's Handbook: A Comprehensive Guide for the Digital Age (3 uitg.). New York, New York: Penguin Group. ISBN 978-0-452-28678-8. Aanhaling gebruik verouderde parameter
|coauthors=
(help) - Burian, Peter; Caputo, Robert (2003). National Geographic photography field guide (2 uitg.). Washington, D.C.: National Geographic Society. ISBN 0-7922-5676-X. Aanhaling gebruik verouderde parameter
|coauthors=
(help) - Frizot, Michel. "Light machines: On the threshold of invention". In Michel Frizot. A New History of Photography. Koln, Germany: Konemann. ISBN 3-8290-1328-0.
- Gernsheim, Helmut (1986). A Concise History of Photography (3 uitg.). Mineola, New York: Dover Publications, Inc. ISBN 0-486-25128-4.
- Gustavson, Todd (2009). Camera: a history of photography from daguerreotype to digital. New York, New York: Sterling Publishing Co., Inc. ISBN 978-1-4027-5656-6.
- Gustavson, Todd (1 Nov 2011). 500 Cameras: 170 Years of Photographic Innovation. Toronto, Ontario: Sterling Publishing, Inc. ISBN 978-1-4027-8086-8.
- Hirsch, Robert (2000). Seizing the Light: A History of Photography. New York, New York: McGraw-Hill Companies, Inc. ISBN 0-697-14361-9.
- Hitchcock, Susan (red.) (20 Sep 2011). Susan Tyler Hitchcock, reds. National Geographic complete photography. Washington, D.C.: National Geographic Society. ISBN 978-1-4351-3968-8.
- Johnson, William S.; Rice, Mark; Williams, Carla (2005). Therese Mulligan and David Wooters, reds. A History of Photography. Los Angeles, California: Taschen America. ISBN 978-3-8228-4777-0. Aanhaling gebruik verouderde parameter
|coauthors=
(help) - London, Barbara; Upton, John; Kobré, Kenneth; Brill, Betsy (2002). Photography (7 uitg.). Upper Saddle River, New Jersey: Prentice Hall. ISBN 0-13-028271-5. Aanhaling gebruik verouderde parameter
|coauthors=
(help) - Wenczel, Norma (2007). "Part I – Introducing an Instrument". In Wolfgang Lefèvre. The Optical Camera Obscura II Images and Texts (PDF). Inside the Camera Obscura – Optics and Art under the Spell of the Projected Image. Max Planck Institute for the History of Science. pp. 13–30. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 2 April 2012.
- Young, Hugh D.; Freedman, Roger A.; Ford, A. Lewis (2008). Sears and Zemansky's University Physics (12 uitg.). San Francisco, California: Pearson Addison-Wesley. ISBN 0-321-50147-0. Aanhaling gebruik verouderde parameter
|coauthors=
(help);
Eksterne skakels[wysig | wysig bron]
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
|
<urn:uuid:ff604fcd-630f-4054-bd5a-72860e900771>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Kamera
|
2019-07-20T03:44:35Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526408.59/warc/CC-MAIN-20190720024812-20190720050812-00465.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999917
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Bespreking:Lys van IRC-bedieners
Jump to navigation
Jump to search
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Lys van IRC-bedieners-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. |
Artikelriglyne
Daaglikse bladtrekke | |
Kontak op IRC[wysig bron]
- Ek sal later vanaand kyk of ek jou daar sien. Groete. Anoniem—Hierdie ongetekende kommentaar is deur 188.8.131.52 gelewer (Bespreking • Bydraes) .
|
<urn:uuid:634d300b-5bbf-406c-861b-0b1aca883c87>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Lys_van_IRC-bedieners
|
2019-07-21T11:13:31Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00113.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999984
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Bespreking:Xhosa Wikipedia
Jump to navigation
Jump to search
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Xhosa Wikipedia-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. |
Artikelriglyne
Daaglikse bladtrekke | |
|
<urn:uuid:26c18a42-ae6f-4f17-9774-020d7bcd591a>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Xhosa_Wikipedia
|
2019-07-21T10:57:22Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00137.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.99994
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
150
jaar
150 |
◄ | 1ste eeu | ◄2de eeu► | 3de eeu | ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:150 |
Kalenders | |
Die jaar 150 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 50ste jaar van die 2de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
GebeureWysig
- Omtrent hierdie jaar word die Salakanagara- of Rajatapura-ryk in Teluk Lada in die huidige Javaanse regentskap Pandeglang gestig. Dit is die eerste koninkryk op dié eiland waaroor uit Chinese en Indiese bronne inligting bestaan. Die ryk se stigter Dewawarman kom van Pallava in Indië, maar hy trou met 'n plaaslike prinses Aki Luhur Sang Mulya. [1]
|
<urn:uuid:0685e078-857e-43bf-96c0-31d8982b0e31>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/150
|
2019-07-21T10:29:45Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00233.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999998
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Sphyraenidae
Barrakuda Tydperk: Vroeë Eoseen tot nou[1] | ||||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
'n Barrakuda, Sphyraena barracuda, met prooi | ||||||||||||||||||||||||||
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||||||||||||||||||
Spesies | ||||||||||||||||||||||||||
Sien teks |
Die Barrakudas (Sphyraenidae) is 'n vis-familie wat tot die orde Perciformes behoort. Daar is slegs een genus met twintig spesies in hierdie familie, en agt van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
Kenmerke[wysig | wysig bron]
Visse van hierdie familie het lang, byna silindervormige lywe met lang koppe en het twee dorsale vinne wyd uitmekaar. Die lyf is bedek met klein skubbe en die grootte wissel tussen 30 cm en 2 m. Hulle verkies riviermondings en vlak kuswater oor koraalriwwe om in te leef. Hulle eet hoofsaaklik vis en tjokka. Visse van die familie is eetbaar en gewilde sportvisse.
Genus[wysig | wysig bron]
Die volgende genus en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
- Sphyraena
Sien ook[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband met Sphyraenidae. |
- Alfabetiese lys van visse
- Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name
- Lys van varswater visfamilies
- Lys van visfamilies
Bron[wysig | wysig bron]
- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7
Verwysings[wysig | wysig bron]
- (2002) “A compendium of fossil marine animal genera”. Bulletins of American Paleontology 364: 560. Besoek op 2007-12-25.
|
<urn:uuid:2145f52c-f74b-4f24-8fb6-3a9a1ca10e7c>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Sphyraenidae
|
2019-07-24T01:01:38Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530246.91/warc/CC-MAIN-20190723235815-20190724021815-00137.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.995508
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Ford Expedition
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Ford Motormaatskappy |
Produksie | 1996–huidig |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Volgrootte SNV |
Bakstyl | 5-deur SNV |
Uitleg | Voorenjin, agterwielaandrywing / vierwielaandrywing |
Spesifikasies | |
Massa | 2631 kg (standard) 2754 kg (EL)[1] |
Plek in geskiedenis | |
Voorganger | Ford Bronco (standaard) Ford Excursion (Expedition EL/Max) |
Die Ford Expedition is 'n volgrootte SNV wat deur die Ford Motormaatskappy gebou en bemark word. Dit is in 1996 bekendgestel vir die 1997-modeljaar as 'n plaasvervanger vir die Ford Bronco. Dit was voorheen ingepas tussen die kleiner Ford Explorer en die groter Ford Excursion, maar sedert die modeljaar 2005 is dit die grootste en laaste Ford wat op 'n bakkie gebaseer was.
Die Expedition is sterk gebaseer op die Ford F-150 bakkie en gaan voort om verskeie komponente (transmissie, elektronika, onderstelbeheerstelsels, sleepfunksies, ens.) te deel met die volgrootte halftonbakkie. Ford bied tans die standaardgrootte model en die langer EL/Max model (2007-hede) aan, dit vervang die Excursion wat in 2005 gestaak is.
Verwysings[wysig | wysig bron]
- "2009 Ford Expedition Safety". Consumer Guide. Besoek op 2009-05-09.
Fordmodelle | ||
---|---|---|
Huidige modelle:
• EcoSport
• Edge
• Expedition
• Explorer
• Everest/Endeavour
• Fiesta
• Figo
• Flex
• Focus
• Galaxy
• Ikon
• Ka
• Kuga
• Mondeo
• Ranger
• Territory
• Transit Custom | ||
Wysig hierdie sjabloon |
|
<urn:uuid:df414af7-28e6-45e0-9eaa-9dc60b56b432>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Ford_Expedition
|
2019-07-19T02:14:54Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525973.56/warc/CC-MAIN-20190719012046-20190719034046-00241.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.997994
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Cortina (musiekgroep)
Jump to navigation
Jump to search
Cortina | ||
---|---|---|
Oorsprong | Pretoria, Gauteng (Suid-Afrika) | |
Genre(s) | Pop | |
Aktiewe jare | 2012 - hede | |
Webwerf | cortinapop.co.za | |
Lede | Danie Putter Phillip Schnetler Rojean van Onselen Debré | |
Gewese lede | Dillon Naicker | |
Musiekportaal |
Cortina is 'n Afrikaanstalige Suid-Afrikaanse popgroep. Die groep se naam is afgelei van die bekende Ford Cortina motorvoertuie. Hulle is in 2012 gekies as ambassadeurs vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens se toer deur Suid-Afrika.
|
<urn:uuid:42455164-2863-46bb-8817-14d350af4397>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Cortina_(musiekgroep)
|
2019-07-17T23:01:12Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525414.52/warc/CC-MAIN-20190717221901-20190718003901-00337.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.99872
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Swarthelmlaksman
Die swarthelmlaksman (Prionops retzii) is 'n algemene standvoël in boomveld, insluitend miombo en oewerbos. Hulle bly in groepe van 5 - 6 voëls, vorm gemengde groepe met helmlaksmanne en sluit ook by gemengde voëlgroepe aan.
Swarthelmlaksman | ||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Bewaringstatus | ||||||||||||||||
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||||||||
Binomiale naam | ||||||||||||||||
Prionops retzii Wahlberg, 1856 |
Die voël is 22 cm groot en weeg 44 gram. In Engels staan die voël bekend as die Retz's helmetshrike.
Sien ookWysig
BronWysig
VerwysingsWysig
- BirdLife International (2012). "Prionops retzii". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.
|
<urn:uuid:e4bac1e2-016d-4296-94e6-90cdfa03f194>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Prionops_retzii
|
2019-07-16T19:00:14Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524685.42/warc/CC-MAIN-20190716180842-20190716202842-00249.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.996364
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Elandsvlei
Elandsvlei | |
Koördinate: Koördinate: | |
Land | Suid-Afrika |
---|---|
Provinsie | Noord-Kaap |
Distriksmunisipaliteit | |
Plaaslike Munisipaliteit | |
Tydsone | SAST (UTC+2) |
Die gehuggie Elandsvlei in die Noord-Kaap lê effens wes van die Ceres-Karoo-pad, 154 km noord van Ceres, 116 km suid van Calvinia, effens noord van die Papkuilsnekpas en net wes van die Tankwa Karoo Nasionale Park. Hierdie R355-roete word beskou as die langste grondpad tussen twee dorpe in die land. Die bergagtige omgewing met die Doringrivier en die Tra-tra-rivier is baie gewild onder 4x4-entoesiaste en van die plaashuise is tot gastehuise omskep. Wupperthal in die Sederberge is met die Tra-tra langs slegs 40 km vanaf Elandsvlei.
Tot die Ceres-Karoo-pad gebou is, het die ou posroete van en na die Biedouwvallei hier verbygeloop. In 1812 het die Hough-familie die eerste huise hier gebou. Daar is nou nog 3 huise op Elandsvlei oor, maar fondamente wys op 'n groter vestiging vroeër. In hierdie droë dele was dit meermale die gebruik om op plekke waar water wel beskikbaar was, en ook om steun en geselskap in hierdie afgeleë dele aan mekaar te verskaf, die plaaswerwe saam te groepeer. Kultuur-historici beskou hierdie gehug as 'n opelugmuseum van Kaapse volksboukunde.
Ander voorbeelde van hierdie soort vestigings is die gehugte Matjesfontein en Lokenburg, beide suid van Nieuwoudtville. Soms het sulke nedersettings ontwikkel tot dorpies, soos die geval was met Leipoldtville in die Sandveld en in sekere mate ook met Hoeko en Schoemanshoek, beide in die Klein Karoo.
|
<urn:uuid:d715af73-bfed-4027-beac-813a5cb83684>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Elandsvlei
|
2019-07-21T17:25:42Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527089.77/warc/CC-MAIN-20190721164644-20190721190644-00353.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999937
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Hadrianus
Hadrianus | |
---|---|
Keiser Hadrianus
Tydvak | Adopsie-Keisers |
Voorganger | Trajanus |
Periode | 117 – 138 |
Opvolger | Antoninus Pius |
Geboortedatum | 24 Januarie 76 |
Geboorteplek | Rome of Italica |
Sterfdatum | 10 Julie 138 |
Sterfplek | Baiae, by Napels |
Geboortenaam | Publius Aelius Hadrianus |
Adopsie-vader | Trajanus |
Adopsie-moeder | Pompeia Plotina |
Adopsie-seuns | Lucius Aelius Verus Caesar en Antoninus Pius |
Getroud met | Vibia Sabina |
Hadrianus[1] (Latyn: Publius Aelius Traianus Hadrianus Augustus) (Rome of Italica, 24 Januarie 76 – Baiae (Italië), 10 Julie 138), was 'n Romeinse keiser van 117 tot 138. Hy is veral bekend oor die bou van die Hadriaanse Muur wat die noordelike grens van die provinsie Britannia aangedui het. In Rome het hy die Panteon laat herbou en die Tempel van Venus en Roma opgerig. Hy was die derde van die vyf adopsiekeisers.
Inhoud
- 1 Afkoms en jeug
- 2 Vroeë loopbaan
- 3 Opvolger van Trajanus
- 4 Wetgewer: die Edictum Perpetuum
- 5 Politiek
- 6 Onderdrukking van die Jode
- 7 Argitek
- 8 Verdedigingslinies
- 9 Kultuur en muntslag
- 10 Persoonlike lewe
- 11 Opvolging
- 12 Die dood van Hadrianus
- 13 Die gedig Animula vagula blandula
- 14 Beelde en ikonografie van Hadrianus
- 15 Verdere Materiaal
- 16 Sien ook
- 17 Verwysings
Afkoms en jeug[wysig | wysig bron]
Hadrianus was afkomstig uit 'n Romeinse familie uit Italica in die provinsie "Hispania ulterior" (later Hispania Baetica) in die suide van die Iberiese skiereiland. Hadrianus is op 24 Januarie 76 gebore, die seun van senator en eks-praetor Publius Aelius Hadrianus Afer waarskynlik in Rome of andersins in Italica.[2] Hy was 'n groot liefhebber van die Griekse kultuur. Daaroor het hy die bynaam Graeculus gekry. In die jaar 86, toe hy tien jaar oud was, verloor hy sy vader. Hy kom onder die voogdyskap van die latere keiser Trajanus en ridder Publius Acilius Attianus. Nadat hy die "toga virilis" verkry het, besoek Hadrianus as veertienjarige, sy familiebesit in Italica. Hy ondergaan militêre opleiding en die bedoeling was dat hy die familieplase sou bestuur. Volgens sy voog het hy in Baetica te veel tyd aan jag spandeer en daarom is hy teruggeroep na Rome.[3]
Vroeë loopbaan[wysig | wysig bron]
In die jaar 94 word Hadrianus as agttienjarige, benoem tot decemvir stilitibus iudicandis 'n toesighoudende pos by die gereg. Op pad na 'n loopbaan as senator word hy militêre tribuun eers by Legio II Adiutrix in Aquincum (naby die huidige Boedapest), waar hy Quintus Marcius Turbo leer ken het; daarna by Legio V Macedonica in die provinsie Moesia Inferior. In die herfs van 97 word sy voog Trajanus onder groot druk van die Praetoriaanse wag deur keiser Nerva geadopteer. Hadrianus word in die laat herfs op pad na die Ryn, waar Trajanus gestasioneer was, gestuur om die gelukwensings van sy legioen aan Trajanus oor te dra. Sy voog was nou die troonopvolger en Hadrianus 'n belangrike man. Trajanus wil hom op die moment egter nie in sy nabyheid hê nie en gee hom 'n derde militêre tibunaat in Mogontiacum (tans Mainz), waar hy gestasioneer word by die Legio XXII Primigenia.[4] Hier het Hadrianus 'n moeisame verhouding met sy dertigjarige ouer swaer Lucius Julius Ursus Servianus, die nuutbenoemde goewerneur van die provinsie Germania Superior. Servianius, die man van Hadrianus se suster, ding met Hadrianus mee om die guns van Trajanus. Toe keiser Nerva in Januarie 98 sterwe, volg Trajanus hom op as keiser. Dit het niks verander aan die rivaliteit tussen Hadrianus en Servianus nie.[5] Hadrianus het homself uit Mogontiacum (tans Mainz) na Colonia Claudia Ara Agrippinensium (tans Keulen) in Germania Inferior gehaas om Trajanus die nuus as eerste persoonlik mee te deel.
In die jaar 100 word Hadrianus familie van keiser Trajanus. Pompeia Plotina, Trajanus se vrou laat Hadrianus trou met die veertienjarige Vibia Sabina, 'n agterniggie van Trajanus. Hadrianus was toe 24 jaar oud. In dieselfde jaar word Hadrianus "quaestor" van Rome. Die funksie gee hom toegang tot die Senaat in 'n bevoorregte posisie van "quaestor Augusti". Die quaestor het die toesprake van die keiser in die senaat voorgelees.[6] Tydens die veldtog teen Decebalus, koning van Dacië, was Hadrianus in 101 "comes Augusti" in die staf van die keiser. Vermoedelik het hy in 102 volkstribuun geword en in 105 praetor. Trajanus voorsien hom mildelik van geld om die spele te kan organiseer wat by die funksies behoort het.
In Junie 105 neem Hadrianus deel aan Trajanus se tweede Daciese oorlog as bevelvoerder van die Legio I Minervia. As dank vir sy militêre suksesse word hy deur Trajanus beloon met 'n diamant. Trajanus het die diamant vroeër van keiser Nerva gekry.[7] Daarna word Hadrianus goewerneur van Neder-Pannonië. Op die leeftyd van 32 jaar word Hadrianus in die jaar 108 "consul suffectus".
Toe Trajanus in 113/114 sy veldtog teen die Parthe begin, gaan Hadrianus saam. Na die oorlog word hy in 117 legatus Augusti pro praetore van Sirië. Trajanus sterf in dieselfde jaar en Hadrianus volg hom op.
Opvolger van Trajanus[wysig | wysig bron]
Waarskynlik het Plotina, die adopsie van Hadrianus deur Trajanus net voor sy dood, vervals en so Hadrianus se opvolging geforseer. Hoewel baie aan die adopsie getwyfel het, het niemand dit betwis nie. Die steun van Plotina en Lucius Licinius Sura was van groot belang vir Hadrianus.[8]
Hadrianus het vyande soos Aulus Cornelius Celsus, Aulus Cornelius Palma Frontonianus, Gaius Avidius Nigrinus en Lusius Quietus kort na mekaar laat vermoor deur sy voog Attianus. Die nuwe keiser het dadelik te doen gekry met die nasleep van die Kitosoorlog, 'n Joodse opstand wat op sy hoogtepunt 'n groot deel van die ooste van die Romeinse Ryk betrek het. Kort na sy opvolging trek Hadrianus die Romeinse legioene uit Armenië, Sirië en Mesopotamië terug. Dit was nie uit vredeliewendheid nie, maar om koste te bespaar. Die koste van die voortdurende oorloë aan die bedreigde grense het uit die hand geloop, terwyl die handhawing van die keiser se gesag in die ryk self, moeiliker geword het.
Wetgewer: die Edictum Perpetuum[wysig | wysig bron]
In Europa bereik die romanisering sy hoogtepunt. Keiser Hadrianus konsolideer sy mag ten koste van die senaat en benoem 'n groot persoonlike amptenary. Hy strewe na wetgewing wat sou geld vir die hele Romeinse imperium en gee die juris Publius Salvius Iulianus in 130 die opdrag om die "praetoriaanse edikte" saam te vat in een wetboek: die edictum perpetuum.
Politiek[wysig | wysig bron]
Hadrianus verkies die interne versterking en konsolidasie van die Romeinse Ryk pleks van uitbreiding. Hy het grenslande uitgesluit en die legioene teruggetrek uit oorlogsgebiede. Hy verbeter die bestaande infrastruktuur en gee amnestie aan belastingontduikers. Hy onderdruk die volk en paai hulle met belastingverlaging.
Die keiser reis voortdurend rond as inspekteur om sy veldhere te kontroleer. Hy stig baie stede soos Hadrianapolis (Adrianopel, die huidige Turkse stad), Edirne in Thrasië en laat opmerklike openbare geboue oprig soos "therme" (warmwaterbaddens). In 121 of 122 reis Hadrianus na die provinsie Germania Inferior. Hy besoek onder andere 'n nedersetting van die Caninefate op die plek waar tans die park Arentsburg is, in die dorp Voorburg in Zuid-Holland. Hy gee die plek markregte en vernoem die dorp na homself. As markstad bloei "Forum Hadriani" tot in die derde eeu.
Onderdrukking van die Jode[wysig | wysig bron]
In Jerusalem probeer hy die Jodedom uitroei. Onder meer verbied hy die besnydenis en stig 'n nuwe Romeinse kolonie op die bouvalle van Jerusalem, waarby hy die verset van die Jode onder leiding van Sjimon bar Kochba met grof geweld aanpak met groot eie verliese. Hy het twaalf legioene aangewend. Baie Jode het in die woestyn omgekom en baie het gevlug. Die Joodse verstrooiing het 'n nuwe fase bereik.
Argitek[wysig | wysig bron]
Verdedigingslinies[wysig | wysig bron]
Sedert die begin van die Romeinse Ryk het keisers die verowerde gebiede afgegrendel met verdedigingslinies teen die barbare. Op die mees bedreigde punte was al "limes" , versterkte grense aangelê: in Noord-Afrika, Sirië, Roemenië/Hongarye, Duitsland, Nederland en Engeland. Vir Germania het die Romeine sedert die slag in die Teutoburgerwoud in die jaar 9 weinig belangstelling gehad. In 83 begin die afgrendeling met "limes" tussen de natuurlike verdedigingslinies Ryn en Donau, van Rheinbrohl suid van Keulen na die omgewing van Regensburg. Die stuk van die "limes" was 550 kilometer lank en voorsien van minstens duisend wagtorings en honderde forte. Die mure in Brittanje moes nog gebou word; daar is nog te hard teruggeveg.
Teen die Germane[wysig | wysig bron]
Teen die Pikte en Skotte: die Muur van Hadrianus[wysig | wysig bron]
In 122 begin Hadrianus met die bou van die Vallum Hadriani, die Muur van Hadrianus of die Pictemuur in die noorde van Britannia teen die aanvalle van die Pikte en Skottte. Die muur is ongeveer 117 kilometer lank en loop van oos na wes van die dorp Tynemouth, aan die monding van die Tyne, via Newcastle na Solway Firth by Carlisle aan die weskus. Die muur bestaan uit drie verdedigingslinies: 'n steen muur met 'n grag, 'n wal ook met 'n grag en sewentien casstella (forte met wagtorings). Die oorblyfsels van 'n groot Romeinse gebou by Vindolanda onlangs deur argeoloë ontdek, was moontlik deel van Hadrianus se persoonlike hoofkwartier.
Kultuur en muntslag[wysig | wysig bron]
In die periode van Hadrianus en sy opvolgers bereik die portretkuns op Romeinse munte 'n hoogtepunt. Tydens die Julius-Claudius dinastie en Vespasianus se bewind word die keiser vergoddelik, en sy portret 'n ideaalbeeld. Na Trajanus begin 'n realistiese stylperiode. Moontlik was die belangstelling van Hadrianus vir Griekeland en sy reise die aanleiding daartoe.
Persoonlike lewe[wysig | wysig bron]
Reeds tydens sy opleiding in Rome het Hadrianus 'n groot bewondering vir die Griekse kultuur. Hy praat by voorkeur eerder Grieks as Latyn en het die Griekse filosofie geken. Hy het soos die Grieke nie sy baard geskeer nie. Dit was teen die Romeinse tradisie, wat 'n baard ("Barba" in Latyn) vereenselwig het met die "Barbare". Op sy reise word hy vergesel van sy geliefde Antinoüs, 'n besonder mooi Griekse jongeling, wat hy na dié se dood selfs as god laat verklaar het. Hadrianus is deur latere skrywers dikwels in 'n slegte lig gestel weens sy verhouding met Antinoüs. Sy huwelik met Vibia Sabina was nie gelukkig nie. Dit het moontlik aanleiding gegee tot die verhouding met Antinoüs waardeur die geskiedskrywer Suetonius van die hof verwyder is.
Die perd van Hadrianus met die naam Borysthenes het beroemd geraak deurdat hy die dier verewig het in 'n grafskrif wat bewaar gebly het op 'n graf in Suid-Frankryk. Daar bestaan 'n aantal fragmente van geskrifte wat aan Hadrianus toegeskryf kan word.[9]
- Altercatio Hadriani Augusti et Epicteti philosophi (6e eeu/7e eeu).
- Carmina
- De vita sua (van die outobiografie het slegs fragmente bewaar gebly)
- Edictum de Mora agricolis Vallis Nili in solvendo vectigali concedenda
- Epistula ad Avidium Quietum
- Epistula ad Plotinam Augustam de Popillio Theotimo, sectae Epicureae diadocho
- Epistula ad Sextilium Acutianum
- Epistula ad Stratonicenses Hadrianopolis
- Epistula de bonorum possessione liberis militum danda
- Epistula de iudiciis privatis (Vel Traiani?)
- Laudatio funebris in honorem Matidiae socrus
- Oratio ad exercitum africanum
- Rescriptum de Schola Epicurea Atheniensi
Opvolging[wysig | wysig bron]
Sy huwelik bly kinderloos. In 136 adopteer hy Lucius Ceionus Commodus as sy seun en opvolger – die seun moet nie verwar word met die latere keiser Commodus, seun van Marcus Aurelius nie. Die opvolger kry daarmee die naam Lucius Aelius Verus Caesar, hy is egter nie gesond nie en sterf met die nuwe jaar 138. In 137 onderdruk Hadrianus 'n sameswering teen hom deur sy swaer en eks-konsul Lucius Julius Ursus Servianus en die se kleinseun Gnaeus Pedanius Fuscus Salinator. Met Commodus wou Hadrianus waarskynlik sy opvolging vir twee generasies vaslê, want 'n dogter van Commodus was verloof aan Marcus Annius Verus, die latere Marcus Aurelius. Toe Commodus sterf, adopteer Hadrianus die gewaardeerde senator Antoninus Pius in sy plek, en vra hom om op sy beurt om die seuns van Commodus te adopteer. Hulle kry respektiewelik die name Lucius Aurelius Commodus en Marcus Aurelius Verus. Sodoende sorg Hadrianus vir twee goeie keisers as sy opvolgers: Antoninus Pius, en na hom Marcus Aurelius.
Die dood van Hadrianus[wysig | wysig bron]
Hadrianus sterf in sy villa in Baiae naby Napels en word eers begrawe in Pozzuoli, maar later herbegrawe in die Tuine van Domitia by sy onvoltooide mausoleum. Na voltooiing van sy grafmonument, die Engeleburg (Castel Sant'Angelo) in Rome, word hy deur sy opvolger, Antoninus Pius, veras en ingemessel met die as van sy vrou Vibia Sabina en sy adopsie-seun Lucius Aelius. In 139 keur die Senaat op inisiatief van Antoninus Pius, Hadrianus se opname onder die gode goed. Die Senaat het dit teësinnig gedoen omdat Hadrianus die magte van die Senaat ingekort het. Na sy dood word Hadrianus se dekrete omgedraai en die Ryk word weer uit Rome bestuur volgens die beginsel van "Roma imperat". In 145 kry Hadrianus sy "Tempel van Hadrianus" op die "Campus Martius" (Marsveld) in Rome, waarvan nog steeds enkele suile staan, ingemessel in 'n muur.
Die gedig Animula vagula blandula[wysig | wysig bron]
Die Historia Augusta [25,5] skryf die gedig toe aan die sterwende Hadrianus. Dit was oorspronklik sonder titel maar word gewoonlik "Animula vagula blandula" genoem (volgens die eerste drie woorde). Deur die kwaliteit daarvan lyk dit outentiek, maar daar is baie polemiek daaroor:
Animula vagula blandula,
hospes comesque corporis,
quo nunc abibis? in loca
Pallidula rigida nudula (nubila?) -
nec ut soles dabis iocos.
Vertaling:
"Dierbaar teer en swewende siel, metgesel van my liggaam, wat jou gasheer was, jy sal straks afdaal na die bleek, harde en kaal oorde en sal moet afstand doen van jou speelsheid van weleer."
Beelde en ikonografie van Hadrianus[wysig | wysig bron]
In die 19e eeu is 'n beeld van die keiser in goeie toestand uit die Londense Teems opgehaal. Opgrawinge in Turkye by Sagalassos in 2007 onder leiding van professor Marc Waelkens van die KU Leuven het 'n enorme kop van Hadrianus ontdek. Die mooiste beeldversameling staan opgestel in die Britse Museum in Londen. Die museum besit ook 'n stukkie papirus van 'n grotendeels verlore outobiografie van die keiser.
Verdere Materiaal[wysig | wysig bron]
- Birley, Anthony R., Hadrian the restless emperor, Routledge, London, 1997 (biografie)
- Everitt, Anthony, Hadrian and the Triumph of Rome, Ambo/Amsterdam
- Jörg Fündling, Kommentar zur Vita Hadriani der Historia Augusta (= Antiquitas, reeks 4: Beiträge zur Historia-Augusta-Forschung, deel 3: Kommentare, dele 4.1 en 4.2). Habelt, Bonn 2006, ISBN 3-7749-3390-1 (omvattende analise van die Vita Hadriani; en ook 'n analise van die resultate van die wetenskaplik ondersoek na Hadrianus; resensie
- Susanne Mortensen, Hadrian. Eine Deutungsgeschichte. Habelt, Bonn 2004, ISBN 3-7749-3229-8 (Oorsig oor die wetenskaplik ondersoek oor Hadrianus sedert die middel van die 19e eeu)
- Yourcenar, Marguerite, Mémoires d'Hadrien, Atheneum-Polak & Van Gennep/Amsterdam
Sien ook[wysig | wysig bron]
Verwysings[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband met Hadrianus. |
- Hadrian. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.
- Fündling, 2006, deel. 4.1, pp. 233 en 260 met 'n verwysing na die Epitome de Caesaribus 14,2.
- Anthony Birley, 2006, p. 10.
- Birley 2006, p. 13
- Die Historia Augusta (Vita Hadriani 2.6) meld dat Hadrianus se koets deur dienaars van Servianus aangeval is en onklaar gemaak is, om so te voorkom dat Hadrianus die nuwe keiser Trajanus eerste kon inlig. Die geskiedkundige en skrywer Jörg Fündling vind die storie egter nie geloofwaardig nie. Fündling 2006, deel 4.1, pp. 289-294).
- Fündling, 2006, deel 4.1, pp. 334-351
- Fündling, 2006, deel 4.1, pp. 341.
- A.M. Canto, in La dinastia Ulio-Aelia (98 – 192 d.C.) (, veral bladsye 322, 328, 341 en die voetnoot 124 oor Plotina Scriptores Historia Augusta, Vita Hadr. 1.2: pro filio habitus (1993); 3.2: ad bellum Dacicum Traianum familiarius prosecutus est (in 101) en veral 3.7: quare adamante gemma quam Traianus a Nerva acceperat donatus ad spem successionis erectus est (in 107). )
- Corpus Scriptorum Latinorum
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal. |
|
<urn:uuid:6a86b48f-ed96-4d38-aea9-4fa4130f0981>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Hadrianus
|
2019-07-24T06:47:47Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195531106.93/warc/CC-MAIN-20190724061728-20190724083728-00185.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999879
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Highgate
Highgate | |
Highgate, soos gesien vanuit Hampstead Heath | |
Koördinate: Koördinate: | |
Land | Verenigde Koninkryk |
---|---|
Land | Engeland |
Graafskap | Groter Londen |
Boroughs | Camden Haringey Islington |
Tydsone | MGT (UTC±00:00) |
- Somer (DST) | BST (UTC+01:00) |
Poskode | N6 |
Skakelkode(s) | 020 |
Nog tot in die laat Victoriaanse tydperk was Highgate 'n dorp wat buite Londen langs die hoofpad na die noorde geleë was. Die nedersetting het steeds 'n sterk landelike karakter en is temidde van uitgestrekte groen ruimtes geleë, waaronder die oostelike deel van Hampstead Heath, drie ou bosgebiede, Waterlow Park en die hellings wat as die Highgate bowl bekendstaan. 'n Sterk plaaslike omgewingsliggaam, die Highgate Society, beywer hom vir die bewaring van Highgate se karakter.
Dit is juis sy aantreklike ligging en rustige dorpskarakter wat van Highgate een van die duurste voorstede in die Britse hoofstad gemaak het. Die dorpsgebied in sy sentrum word deur geboue in die Georgiaanse styl oorheers, waaronder winkels, kroeë, restourante en woonstrate, met 'n verskeidenheid bekende bakens en historiese monumente soos St Michael's-kerk met sy kenmerkende toring, St. Joseph's-kerk met sy groen koperkoepel, Highgate School wat van 1565 dateer, die Jacksons Lane-kunssentrum wat in 'n vroeëre kerkgebou gehuisves word, die kroeg Gatehouse Inn van 1670 en Berthold Lubetkin se baanbrekende moderne Highpoint-woonstelblokke, 'n uitstekende voorbeeld van Internasionale Styl-boukuns.
|
<urn:uuid:cc7a159f-f23c-4dd5-8952-a331df8337f4>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Highgate
|
2019-07-24T08:51:44Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195532251.99/warc/CC-MAIN-20190724082321-20190724104321-00465.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999854
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Bronkhorstspruitdam
Bronkhorstspruitdam | |
---|---|
Lugfoto van Bronkhorstspruitdam
Ligging | Bronkhorstspruit |
Provinsie/Land | Gauteng, Suid-Afrika |
Koördinate | Koördinate: |
Dam op | Bronkhorstspruit, Osspruit |
Doel | Nywerheid en huishoudelik |
Openingsdatum | 1950 |
Eienaar | Departement van Waterwese |
Soort dam | Boogdam |
Hoogte van wal | 35 m |
Lengte van wal | 152 m |
Bakmaat | 57 400 000 m³ |
Reservoir | Bronkhorstspruitdamreservoir |
Damoppervlak | 961 ha |
Die Bronkhorstspruitdam is 'n dam in die Bronkhorstspruit in Gauteng, Suid-Afrika. Die hoofdoel van hierdie dam is om as 'n stuwal teen vloede en 'n reservoir vir water vir die dorp te dien. Die dam is sowat 10 km suid van die dorp Bronkhorstspruit geleë.
Hierdie dam is in 1950 voltooi en het 'n volume van 57 400 000 kubieke meter en 'n oppervlakte van 9,61 vierkante kilometer. Die damwal is 35 meter hoog.[1]
Die dam se oewers huisves verskeie ontspanningsoorde asook eksklusiewe behuisingsprojekte. Dit is 'n mekka vir bootry en watersport soos motorbootski, jetski en seil.
Sien ook[wysig | wysig bron]
Verwysings[wysig | wysig bron]
- HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
|
<urn:uuid:e4e41808-c27e-4397-97aa-642fed32d762>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bronkhorstspruitdam
|
2019-07-16T23:20:08Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00113.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999602
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Louis Eksteen
Louis Cornelius Eksteen, Afrikaanse taalkundige en digter, is op 20 Oktober 1930 in Windhoek gebore. Hy het aan die Universiteit van Pretoria en aan die Gemeentelijke Universiteit van Amsterdam gestudeer. Daarna was hy redaksioneel verbonde aan die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.
Vanaf 1966 is hy dosent aan die Universiteit van Pretoria, waar hy in 1974 as professor in Afrikaanse taalkunde aangestel is.
Van sy taalkundige publikasies is onder andere:
- Die Afrikaanse Woord (1978)
- Die Gebruik van die Hoofletter in Afrikaans (1980)
- Eensillabige Rymwoordeboek van Afrikaans (1981)
- Afrikaanse Sinoniemwoordeboek met Antonieme (1981) en
- Tweetalige Afkortingswoordeboek (saam met J.G. du P. Pretorius, 1981).
In 1963 verskyn sy eerste digbundel, 'n Fluit in die Riet, gevolg deur Verse van 'n Landloper (1969) en Skuilhoek (1982).
Hy is op 13 Oktober 2001 in Pretoria oorlede.[1]
|
<urn:uuid:e5aef127-d4ec-4c8b-95f6-7ef8fae05c67>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Louis_Eksteen
|
2019-07-19T08:23:13Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526153.35/warc/CC-MAIN-20190719074137-20190719100137-00433.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999634
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Abdullah Abdurahman
Abdullah Abdurahman (* 18 Desember 1872, Wellington - † 2 Februarie 1920, Kaapstad) was 'n dokter, 'n gerespekteerde Kaapse politikus en die leier van die Kaapse bruin gemeenskap. Hy was die eerste lid van kleur van die Kaapse stadsraad en die destydse Kaapse Provinsiale Raad. Hy was die leier van die anti-segregasie-beweging African Political Organization wat in 1902 gestig is.[1] Abdurahman is op 2 Februarie 1940 aan 'n hartstilstand oorlede.
Abdullah Abdurahman | |
Gebore | 18 Desember 1872 Kaapstad |
---|---|
Oorlede | 2 Februarie 1940 |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Titel | Dokter |
Beroep | Dokter, politikus |
Politieke party | APO |
Religie | Moslem |
Huweliksmaat | Helen (Nellie) Potter James Margaret May Stansfield |
Kind(ers) | 2 dogters dogter en 2 seuns |
Inhoud
Vroeë leweWysig
Abdurahman was die seun van betreklik welgestelde Moslem-Kaapse Maleiers, en sy oupas was slawe wat hul vryheid gekoop het. Hy ontvang sy skoolopleiding aan die Marits Brothers School en die South African College School (SACS), waarna hy medies in Glasgow, Skotland, studeer het. Hy het die grade M.B. en Ch.B. in 1893 verwerf. In 1895 het hy 'n mediese praktyk in sy geboortestad opgerig en binne 'n kort tyd 'n gerespekteerde arts geword.[2]
Plaaslike regering loopbaanWysig
Hy het van 1904 tot en met sy dood in die Kaapse stadsraad gedien. As stadsraadslid het hy gewerk om die toestande van die bruin gemeenskap te verbeter, veral op die gebied van onderwys. Hy het gehelp om die eerste sekondêre skole vir bruin mense in Kaapstad op te rig.[2] Van 1923 tot 1937 was hy voorsitter van die Raad se strate en dreineringskomitee, wat hom toenemend sterk invloed op plaaslike regering gegee het. Aburahman was ook die eerste gekleurde persoon wat in 1914 aan die Kaapse Provinsiale Raad verkies is, 'n posisie wat hy tot sy dood gehou het.[3]
African People’s Organization (APO)Wysig
Die grootste politieke prestasies van Abdurahman se politieke lewe was egter gekoppel aan sy betrokkenheid by die African People’s Organization (APO). Hy is verkies as president in 1905 en sy bydrae tot die sukses van die party was so groot dat die party dikwels grappig na verwys is as Abdurahman se politieke organisasie.[1] Die party se doel was om die toenemende rasse-onderdrukking in die land te beveg, aanvanklik net namens nie-Afrika-gekleurde. Abdurahman het onsuksesvol twee delegasies na Londen geloods om stemreg vir gekleurde voor die totstandkoming van die Unie van Suid-Afrika te verseker. Later, tussen 1927 en 1934, het Abdurahman en sy party begin om nader met swart politieke leiers te werk, in 'n poging om 'n verenigde front te skep, maar daar het nie veel van gekom nie. Teen die laat 1930's het ander politieke partye, soos die meer radikale National Liberation League, die inisiatief geneem.[1]
SkryfwerkWysig
Abdurahman skryf onder die skuilnaam Piet Uithalder en raak veral bekend vir werk as politikus en vegter vir Afrikaans. Sy rubriek, Straatpraatjies, wat in die tydperk 1909-1922 in die African People’s Organization (APO) tydskrif verskyn het is een van die eerste voorbeelde hoe Afrikaans as politieke versettaal gebruik is met die gebruik van satire.
Dood en nalatenskapWysig
Op 2 Februarie 1940 het Abdurahman aan 'n hartstilstand gesterf. Sy begrafnis is bygewoon deur meer as 30 000 mense.[1] Na sy dood het die party wat hy opgebou het, vinnig agteruit gegaan. Sy politieke nalatenskap is 'n gemengde een; moderne, meer radikale kommentators sien hom as te akkomodeerend teenoor die wit owerhede, en wat die praktiese resultate betref, is die prestasies van sy politieke loopbaan beperk.[2] Aan die ander kant is daar min twyfel dat hy die sterkste Suid-Afrikaanse gekleurde politikus van sy tyd was, en sy gewildheid in die nie-Europese gemeenskap was enorm, net soos die respek wat hy van die wit elite geniet het. In 1999 het Nelson Mandela aan Abdurahman die Orde vir Verdienstelike Diens: Klas 1 (Goud) vir sy werk teen rasseonderdrukking toegeken.[2]
Abdurahman was twee keer getroud: een keer met die Brit Helen (Nellie) Potter James, wat hy in Glasgow ontmoet het. Hulle het twee dogters, Waradea "Rosie" en Zainunnisa (Cissie) Gool, en is in 1923 geskei. Sy jonger dogter van hierdie huwelik, Cissie (1900-1963), het in sy eie reg 'n belangrike politieke figuur geword as 'n munisipale raadslid in Kaapstad.[1] Sy tweede huwelik was in 1925 aan Margaret May Stansfield. Sy het hom een dogter, Begum, gebaar (wat later met die dokter Ralph Hendrickse getroud was), en twee seuns, Abdul en Nizam.
PublikasiesWysig
- 1996 Straatpraatjes: Language politics and popular culture in Cape Town, 1909–1922 (redakteur Mohamed Adhikari)
Sien ookWysig
VerwysingsWysig
- Bill Nasson (September 2004). "Abdurahman, Abdullah (1872–1940)". Oxford Dictionary of National Biography. Besoek op 2007-03-22.
- "Dr Abdullah Abdurahman, 1872 - 1940". South African History Online. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 November 2007. Besoek op 2007-12-03.
- Adhikari, Mohamed (2008). "Abdurahman, Abdullah". In Akyeampong, Emmanuel K.; Gates, Henry Louis Jr. Dictionary of African Biography. Oxford University Press. ISBN 978-0-19-538207-5.
|
<urn:uuid:8a900d59-46cd-4b6d-86e5-c25c43103acd>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Abdullah_Abdurrahman
|
2019-07-16T22:16:42Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00174.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999953
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Krieketwêreldbeker 2019
Die Krieketwêreldbeker 2019, amptelik bekend as die IKR Krieketwêreldbeker 2019, het van 30 Mei tot en met 14 Julie 2019 in Engeland en Wallis plaasgevind.[3] Dit was die twaalfde krieketwêreldbeker in internasionale eendagkrieket (EDI) wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is en die vyfde in Engeland.[4] Dié land het voorheen die toernooie van 1975, 1979, 1983 en 1999 gehuisves, meer as enige ander land.
Die IKR-trofee waarom meegeding is. | |
Datums | 30 Mei – 14 Julie |
---|---|
Bestuurder | Internasionale Krieketraad (IKR) |
Krieketformaat | Internasionale eendagkrieket (EDI) |
Toernooiformaat | Groep- en uitklopfase |
Gashere | Engeland Wallis |
Kampioen | Engeland (1ste titel) |
Naaswenner | Nieu-Seeland |
Deelnemers | 10 |
Wedstryde gespeel | 48 |
Speler van die reeks | Kane Williamson |
Meeste lopies | Rohit Sharma (648)[1] |
Meeste paaltjies | Mitchell Starc (27)[2] |
← 2015 2023 → |
10 nasionale krieketspanne het aan die Krieketwêreldbeker 2019 deelgeneem, waartydens 48 wedstryde beslis is. Die toernooi het op 30 Mei tussen Engeland en Suid-Afrika op Londen se The Oval afgeskop. Al die spanne het in een groep gespeel en 45 wedstryde beslis, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die groep gespeel het. Die boonste vier spanne het hierna vir die halfeindrondte van twee wedstryde gekwalifiseer en die eindstryd is op 14 Julie op Lord’s in Londen beslis. 'n Soortgelyke formaat is voorheen in die Krieketwêreldbeker 1992 gebruik, en sal ook in die volgende Krieketwêreldbeker 2023 in Indië aangewend word.
Die eindstryd is op 14 Julie 2019 tussen die gasheer Engeland en die 2015-naaswenner Nieu-Seeland op Lord’s te Londen uitgespeel; Engeland het hul eerste titel ingepalm, nadat hulle meer grenshoue in die beslissende Superboulbeurt aangeteken het. Dit is die eerste keer sedert die 1992-toernooi wat twee spanne in die eindwedstryd ontmoet het wat nog nie 'n titel ingepalm het nie. Lord’s het vir die vyfde keer 'n krieketwêreldbekereindstryd gehuisves, meer as enige ander krieketveld.[5] Die verdedigende kampioen Australië en Indië was die ander twee semi-finaliste. Suid-Afrika kon vir die eerste keer sedert die 2003-toernooi – wat onder ander in Suid-Afrika aangebied is – nie tot die uitklopfase deurdring nie.
Die Internasionale Krieketraad het voor die Krieketwêreldbeker 2015 aangekondig dat net tien van die vernaamste krieketnasies aan die volgende toernooie van 2019 en 2023 sal kan deelneem.[6] Dit het groot kritiek uitgelok, omdat veral die geassosieerde lede van die IKR vrees dat die afstand in kwaliteit tussen hulle en die voorste toetskrieketlande groter sal word.[7][8][9] Die IKR se redenasie vir hierdie stap is egter 'n beter bemarkingsmoontlikheid van die kompetisie, want al die spanne sal dan mededingend wees.[10] Vir die eerste keer in die toernooi se geskiedenis was die helfte van die deelnemende spanne uit Suid-Asië. Van al die ander vastelande (Afrika, Amerikas, Australië, Europa en Oseanië) het net een span elk deelgeneem.
Inhoud
ToewysingWysig
Op 30 April 2006 het die IKR die drie krieketwêreldbekers van 2011, 2015 en 2019 toegewys. Die gemeenskaplike bod van Bangladesj, Indië, Pakistan en Sri Lanka vir die Krieketwêreldbeker 2011 is met 10 tot 3 stemme bo Australië en Nieu-Seeland s'n verkies.[11][12] Vervolgens is die Krieketwêreldbeker 2015 aan Australië en Nieu-Seeland toegeken, nadat Engeland slegs vir die Krieketwêreldbeker 2019 aansoek gedoen het.[3]
Die Krieketwêreldbeker 2019 het tot die Verenigde Koninkryk se "Dekade van Sport" met groot sporttoernooie soos die Olimpiese Somerspele 2012 en Paralimpiese Somerspele 2012 in Londen, Statebondspele 2014 in Glasgow en Rugbywêreldbeker 2015 in Engeland behoort.[13][14]
Deelnemende spanneWysig
Tien krieketspanne het aan die Krieketwêreldbeker 2019 deelgeneem, 'n afname teenoor die Krieketwêreldbeker 2011 en 2015 se 14.[15][16] Die gasheer Engeland en die boonste sewe spanne van die IKR se EDI-ranglys, soos op 30 September 2017, het outomaties vir die krieketwêreldbeker gekwalifiseer.[17] Australië, Bangladesj, Engeland (gasheer), Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka en Suid-Afrika het gevolglik outomaties vir die Krieketwêreldbeker 2019 gekwalifiseer.[18]
Beide Afghanistan en Ierland is op 22 Junie 2017 toetskrieketstatus deur die IKR toegeken,[19] maar hulle moes as gevolg van die huidige kwalifiseringsproses nog steeds aan die kwalifisering vir die Krieketwêreldbeker 2019 deelneem.[20] As gevolg van sy lae posisie op die IKR se EDI-ranglys moes Wes-Indië egter ook vir die Krieketwêreldbeker 2019 kwalifiseer, en het tydens die IKR EDI-kampioenskap wel daarin geslaag.[21]
83 nasionale krieketspanne het om die twee oorblywende plekke by die Krieketwêreldbeker 2019 meegeding, waarvan die finale tien aan die uiteindelike kwalifiserende rondte in Zimbabwe deelgeneem het.[22] Wes-Indië het die eerste kwalifiserende span geword nadat hulle Skotland met vyf lopies volgens die Duckworth-Lewis-metode geklop het.[23] Afghanistan het by Wes-Indië aangesluit nadat hulle Ierland in die laaste boulbeurt verslaan en sodoende beide Ierland en Zimbabwe uitgeskakel het.[24] Vir Zimbabwe was dit die eerste Krieketwêreldbeker sedert 1983 wat hulle misgeloop het. Vervolgens kon twee lande met toetskrieketstatus – Ierland en Zimbabwe – vir die eerste keer nie vir 'n krieketwêreldbeker kwalifiseer nie.[25] Daarbenewens was die Krieketwêreldbeker 2019 die eerste toernooi sonder geassosieerde lede.[26][27] Al die deelnemende spanne het ook aan die vorige Krieketwêreldbeker 2015 deelgeneem, vervolgens was daar geen debutante nie.
Span | Kwalifiseringmetode | Verskynings by eindstryde | Laaste verskyning | Vorige beste prestasie |
---|---|---|---|---|
Engeland | Gasheer | Twaalfde | 2015 | Naaswennner (1979, 1987, 1992) |
Australië | IKR EDI-kampioenskap | Twaalfde | 2015 | Kampioen (1987, 1999, 2003, 2007, 2015) |
Bangladesj | Sesde | 2015 | Kwarteindrondte (2015) | |
Indië | Twaalfde | 2015 | Kampioen (1983, 2011) | |
Nieu-Seeland | Twaalfde | 2015 | Naaswenner (2015) | |
Pakistan | Twaalfde | 2015 | Kampioen (1992) | |
Sri Lanka | Twaalfde | 2015 | Kampioen (1996) | |
Suid-Afrika | Agste | 2015 | Halfeindrondte (1992, 1999, 2007, 2015) | |
Afghanistan | Krieketwêreldbekerkwalifisering | Tweede | 2015 | Groepfase (2015) |
Wes-Indië | Twaalfde | 2015 | Kampioen (1975, 1979) |
StadionsWysig
Engeland het 44 wedstryde op 10 verskeie plekke gehuisves, terwyl Wallis 4 wedstryde op 1 plek aangebied het.
Birmingham | Bristol | Cardiff | Chester-le-Street |
---|---|---|---|
Edgbaston | Bristol-krieketveld | Sophia Gardens | Riverside Ground |
Kapasiteit: 25 000 | Kapasiteit: 17 500 | Kapasiteit: 15 643 | Kapasiteit: 17 000 |
Leeds | Londen | ||
Headingley | Lord’s | The Oval | |
Kapasiteit: 18 350 | Kapasiteit: 30 000 | Kapasiteit: 24 500 | |
Manchester | Nottingham | Southampton | Taunton |
Old Trafford | Trent Bridge | Rose Bowl | County Ground |
Kapasiteit: 26 000 | Kapasiteit: 17 500 | Kapasiteit: 25 000 | Kapasiteit: 12 500 |
WedstrydeWysig
Die Internasionale Krieketraad het die wedstryddetails op 26 April 2018 bekendgestel.[29]
In een enkele groep met tien spanne het elke span een keer teen al die ander spanne wedstryde beslis; vir 'n oorwinning is twee punte, terwyl vir 'n gelykop of geen uitslag een punt toegeken is. Die vier boonste spanne van die groep het vir die halfeindrondte gekwalifiseer, waarvan albei wenners tot die eindstryd gevorder het. Altesaam 48 wedstryde is beslis, waarvan 45 tydens die groepfase en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd.[30] 'n Soortgelyke formaat is voorheen in die Krieketwêreldbeker 1992 gebruik, maar destyds het nege in plaas van tien nasionale krieketspanne deelgeneem.
GroepfaseWysig
Vir wedstryde tydens die groepfase is geen reserwedae in die geval van slegte weer opsy gesit nie. Nadat vier wedstryde binne sewe dae weens reën afgelas en oor die gebrek aan reserwedae gekla is, het die IKR se uitvoerende hoof, David Richardson, beweer dat die poging om reserwedae in te sluit "die tydperk van die toernooi aansienlik sou verleng en prakties uiters kompleks sou wees om aan te bied".[31]
Span | Wed | Wen | Ver | GU | Gel | LD | LT | Pnt |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Indië | 9 | 7 | 1 | 1 | 0 | 0 | +0.809 | 15 |
Australië | 9 | 7 | 2 | 0 | 0 | 0 | +0.868 | 14 |
Engeland | 9 | 6 | 3 | 0 | 0 | 0 | +1.152 | 12 |
Nieu-Seeland | 9 | 5 | 3 | 1 | 0 | 0 | +0.175 | 11 |
Pakistan | 9 | 5 | 3 | 1 | 0 | 0 | –0.430 | 11 |
Sri Lanka | 9 | 3 | 4 | 2 | 0 | 0 | –0.919 | 8 |
Suid-Afrika | 9 | 3 | 5 | 1 | 0 | 0 | –0.030 | 7 |
Bangladesj | 9 | 3 | 5 | 1 | 0 | 0 | –0.410 | 7 |
Wes-Indië | 9 | 2 | 6 | 1 | 0 | 0 | –0.225 | 5 |
Afghanistan | 9 | 0 | 9 | 0 | 0 | 0 | −1.322 | 0 |
30 Mei 2019 10:30 (BST)
311/8 (50 boulbeurte)
v
207 (39.5 boulbeurte)
31 Mei 2019 10:30 (BST)
105 (21.4 boulbeurte)
v
108/3 (13.4 boulbeurte)
- Wes-Indië het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.
- Hasan Ali (Pak) speel in sy 50ste EDI.[35]
- Shai Hope (WI) benut sy 100ste EDI-vangskoot as paaltjiewagter.[36]
- Chris Gayle (WI) teken sy 40ste ses in 'n krieketwêreldbekerwedstryd aan, die meeste deur 'n kolwer, en oortref AB de Villiers se rekord van 37.[37]
- Dit is Pakistan se elfde agtereenvolgende neerlaag, hul ergste EDI-reeks sonder oorwinning.[38]
- Pakistan teken hul tweede laagste telling in 'n krieketwêreldbekerwedstryd sedert 1992 aan en ly ook hul grootste nederlaag in 'n krieketwêreldbekerwedstryd.[39]
1 Junie 2019 10:30 (BST)
136 (29.2 boulbeurte)
v
137/0 (16.1 boulbeurte)
Martin Guptill 73* (51)
207 (38.2 boulbeurte)
v
209/3 (34.5 boulbeurte)
2 Junie 2019 10:30 (BST)
330/6 (50 boulbeurte)
v
309/8 (50 boulbeurte)
- Suid-Afrika het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.
- Imran Tahir (SA) speel in sy 100ste EDI.[43]
- Shakib Al Hasan en Mushfiqur Rahim teken 142 lopies om die derde paaltjie aan, die hoogste vennootskap om 'n paaltjie vir Bangladesj nog in 'n krieketwêreldbekerwedstryd.[44]
- Bangladesj teken sy hoogste totaal in 'n EDI aan.[45]
- Shakib Al Hasan (Ban) word die vinnigste krieketspeler om 250 paaltjies en 5 000 lopies in EDIs (199) aan te teken.[46]
- Dit is die tweede keer wat Bangladesj Suid-Afrika in 'n krieketwêreldbekerwedstryd verslaan.[47]
3 Junie 2019 10:30 (BST)
348/8 (50 boulbeurte)
v
334/9 (50 boulbeurte)
4 Junie 2019 10:30 (BST)
201 (36.5 boulbeurte)
v
152 (32.4 boulbeurte)
5 Junie 2019 10:30 (BST)
227/9 (50 boulbeurte)
v
230/4 (47.3 boulbeurte)
- Suid-Afrika het die loot gewen en verkies om te kolf.
- Jasprit Bumrah (Ind) speel in sy 50ste EDI.[52]
- Rohit Sharma teken sy 12 000ste lopie vir Indië in internasionale krieket aan.[53]
- Dit is Virat Kohli se 50ste oorwinning as EDI-kaptein van Indië.[54]
- Dit is die tweede keer wat Indië Suid-Afrika in 'n krieketwêreldbekerwedstryd verslaan.[55]
- Met drie agtereenvolgende nederlae is dit Suid-Afrika se swakste begin tydens 'n krieketwêreldbeker.[56]
244 (49.2 boulbeurte)
v
248/8 (47.1 boulbeurte)
- Nieu-Seeland het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.
- Shakib Al Hasan (Ban) speel in sy 200ste EDI.[57]
- Mushfiqur Rahim speel in sy 350ste internasionale wedstryd vir Bangladesj.[58]
- Ross Taylor speel in sy 400ste internasionale wedstryd vir Nieu-Seeland.[59]
- Lockie Ferguson (NZ) neem sy 50ste EDI-paaltjie.[60]
- Trent Boult (NZ) neem sy 150ste EDI-paaltie.[61]
6 Junie 2019 10:30 (BST)
288 (49 boulbeurte)
v
273/9 (50 boulbeurte)
- Wes-Indië het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.
- Dit is Wes-Indië se 800ste EDI.[62]
- Pat Cummins (Aus) speel in sy 50ste EDI.[63]
- Chris Gayle (WI) teken sy 1 000ste lopie in die Krieketwêreldbeker aan.[64]
- Mitchell Starc (Aus) word die vinnigste bouler om 150 paaltjies in EDIs (77) te neem.[65]
- Andre Russell (WI) word die vinnigste kolwer om 1 000 lopies in EDIs (767) aan te teken.[66]
- Nathan Coulter-Nile se telling van 92 is die hoogste deur 'n No. 8-kolwer in 'n krieketwêreldbekerwedstryd.[67]
7 Junie 2019 10:30 (BST)
v
8 Junie 2019 10:30 (BST)
386/6 (50 boulbeurte)
v
280 (48.5 boulbeurte)
172 (41.1 boulbeurte)
v
173/3 (32.1 boulbeurte)
9 Junie 2019 10:30 (BST)
352/5 (50 boulbeurte)
v
316 (50 boulbeurte)
- Indië het die loot gewen en verkies om te kolf.
- Rohit Sharma (Ind) word die vinnigste kolwer om 2 000 EDI-lopies teen 'n enkele span (37) aan te teken.[73]
- Dit is die eerste keer wat Australië 'n lopiejaag tydens 'n krieketwêreldbeker verloor sedert sy verloor teen Pakistan in 1999 te Leeds; dit beëindiging 'n reeks van 19 agtereenvolgende oorwinnings nadat hulle tweede gekolf het.[74][75]
10 Junie 2019 10:30 (BST)
29/2 (7.3 boulbeurte)
v
11 Junie 2019 10:30 (BST)
v
12 Junie 2019 10:30 (BST)
307 (49 boulbeurte)
v
266 (45.4 boulbeurte)
13 Junie 2019 10:30 (BST)
v
14 Junie 2019 10:30 (BST)
212 (44.4 boulbeurte)
v
213/2 (33.1 boulbeurte)
15 Junie 2019 10:30 (BST)
334/7 (50 boulbeurte)
v
247 (45.5 boulbeurte)
- Sri Lanka het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.
125 (34.1 boulbeurte)
v
131/1 (28.4 boulbeurte)
- Suid-Afrika het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.
- Wedstryd verminder as gevolg van reën tot 48 boulbeurte per span. Suid-Afrika se teiken is hersien tot 127 lopies.
16 Junie 2019 10:30 (BST)
336/5 (50 boulbeurte)
v
212/6 (40 boulbeurte)
- Pakistan het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.
- Wedstryd verkort as gevolg van reën; Duckworth-Lewis-metode hersien teiken om te wen: 302 lopies in 40 boulbeurte vir Pakistan.
- Virat Kohli (Ind) word die negende kolwer (en die vinnigste volgens kolfbeurte) om 11 000 lopies in EDIs (222) aan te teken.[86]
- Indië se telling is die hoogste nog deur 'n span teen Pakistan in 'n krieketwêreldbekerwedstryd.[87]
- Hasan Ali staan 84 lopies af, die meeste deur 'n Pakistanse bouler in 'n krieketwêreldbekerwedstryd.[87]
- Vijay Shankar (Ind) word die derde bouler in die krieketwêreldbeker om 'n paaltjie met sy eerste aflewering te neem.[88]
17 Junie 2019 10:30 (BST)
321/8 (50 boulbeurte)
v
322/3 (41.3 boulbeurte)
- Bangladesj het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.
- Mustafizur Rahman (Ban) speel in sy 50ste EDI.[89]
- Jason Holder (WI) speel in sy 100ste EDI.[90]
- Shai Hope speel in sy 100ste internasionale wedstryd vir Wes-Indië.[91]
- Shimron Hetmyer (WI) teken sy 1 000ste EDI-lopie aan.[92]
- Shakib Al Hasan word die tweede Bengaalse kolwer om 6 000 EDI-lopies aan te teken en die vinnigste speler om die dubbele van 6000 lopies en 250 paaltjies in EDIs (202 kolfbeurte) aan te teken.[93]
- Dit is Bangladesj se hoogste suksesvolle EDI-lopiejaag en tweede hoogste suksesvolle lopiejaag in die krieketwêreldbekergeskiedenis.[94]
- Shakib Al Hasan en Liton Das se onoorwonne telling van 189 is die hoogste vennootskap vir Bangladesj om 'n paaltjie in 'n krieketwêreldbekerwedstryd, en Bangladesj se hoogste vierde paaltjievennootskap in EDIs.[95]
18 Junie 2019 10:30 (BST)
397/6 (50 boulbeurte)
v
247/8 (50 boulbeurte)
- Engeland het die loot gewen en verkies om te kolf.
- Eoin Morgan (Eng) teken die vinnigste honderdtal deur 'n Engelse kolwer in 'n krieketwêreldbekerwedstryd aan (57 balle),[96] hy teken ook die meeste sesse in 'n EDI-kolfbeurt aan (17).[97]
- Engeland teken die meeste sesse in 'n EDI-kolfbeurt aan (25),[98] en teken hul hoogste spantotaal in 'n krieketwêreldbekerwedstryd aan.[99]
- Rashid Khan (Afg) boul die duurste in 'n krieketwêreldbekerwedstryd en staan 110 lopies in sy nege boulbeurte af, waarmee hy hy die duurste EDI-draaier word.[100]
- Hashmatullah Shahidi (Afg) teken sy 1 000ste EDI-lopie aan.[101]
19 Junie 2019 10:30 (BST)
241/6 (49 boulbeurte)
v
245/6 (48.3 boulbeurte)
- Nieu-Seeland het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.
- 'n Vertraagde begin as gevolg van 'n nat buiteveld verkort die wedstryd tot 49 boulbeurte per span.[102]
- Hashim Amla (SA) word die tweede vinnigste kolwer om 8 000 lopies in EDIs (176) aan te teken.[103]
- David Miller (SA) teken sy 3 000ste EDI-lopie aan.[104]
- Kane Williamson teken sy 3 000ste EDI-lopie as Nieu-Seelandse kaptein aan.[105]
20 Junie 2019 10:30 (BST)
381/5 (50 boulbeurte)
v
333/8 (50 boulbeurte)
- Australië het die loot gewen en verkies om te kolf.
- David Warner (Aus) teken as eerste kolwer twee keer meer as 150 lopies in 'n krieketwêreldbekertoernooi aan.[106]
- Dit is Australië se hoogste EDI-telling teen Bangladesj.[107]
- Dit is Bangladesj se hoogste EDI-telling.[108]
- Die 714 lopies wat aangeteken is, is die hoogste wedstryd totaal in 'n krieketwêreldbekerwedstryd.[107]
21 Junie 2019 10:30 (BST)
232/9 (50 boulbeurte)
v
212 (47 boulbeurte)
- Sri Lanka het die loot gewen en verkies om te kolf.
- Moeen Ali (Eng) speel in sy 100ste EDI.[109]
- Adil Rashid speel in sy 150ste internasionale wedstryd vir Engeland.[110]
- Joe Root speel in sy 250ste internasionale wedstryd vir Engeland.[110]
- Angelo Mathews teken sy 12 000ste internasionale lopie vir Sri Lanka aan.[111]
- Eoin Morgan teken sy 9 000ste internasionale lopie vir Engeland aan.[111]
- Lasith Malinga (SL) neem sy 50ste paaltjie in 'n krieketwêreldbekerwedstryd en word ná Muttiah Muralitharan die tweede Sri Lankaan om dit te vermag,[112] hy is die vinnigste om dié mylpaal te bereik.[113]
22 Junie 2019 10:30 (BST)
224/8 (50 boulbeurte)
v
213 (49.5 boulbeurte)
- Indië het die loot gewen en verkies om te kolf.
- Mohammed Shami word ná Chetan Sharma (1987) die tweede Indiese kolwer om 'n driekuns tydens 'n krieketwêreldbekerwedstryd aan te teken, en die eerste tydens die 2019-toernooi.[114][115]
- Dit is Indië se 50ste oorwinning in 'n krieketwêreldbekerwedstryd.[116]
- Afghanistan as gevolg van hierdie wedstryd uit die krieketwêreldbekertoernooi uitgeskakel.[117]
291/8 (50 boulbeurte)
v
286 (49 boulbeurte)
23 Junie 2019 10:30 (BST)
308/7 (50 boulbeurte)
v
259/9 (50 boulbeurte)
- Pakistan het die loot gewen en verkies om te kolf.
- Andile Phehlukwayo (SA) speel in sy 50ste EDI.[119]
- Shadab Khan (Pak) neem sy 50ste EDI-paaltjie.[120]
- Suid-Afrika as gevolg van hierdie wedstryd uit die krieketwêreldbekertoernooi uitgeskakel.[121]
- Dit is die eerste keer sedert die 2003-toernooi – onder ander in Suid-Afrika aangebied – wat die Proteas nie tot die uitklopfase kon vorder nie.[122]
24 Junie 2019 10:30 (BST)
262/7 (50 boulbeurte)
v
200 (47 boulbeurte)
- Afghanistan het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.
- Soumya Sarkar (Ban) speel in sy 50ste EDI.[123]
- Gulbadin Naib speel in sy 100ste internasionale wedstryd vir Afghanistan,[124] en teken sy 1 000ste EDI-lopie aan.[125]
- Shakib Al Hasan word die eerste Bengaalse kolwer om 1 000 lopies tydens 'n krieketwêreldbeker aan te teken[126] en neem as eerste Bengaalse bouler 'n vyf-paaltjie-oes tydens 'n krieketwêreldbekerwedstryd.[127]
- Shakib Al Hasan word die eerste speler om 1 000 lopies en 30 paaltjies tydens die Krieketwêreldbeker 2019 aan te teken, en die enigste speler om 400 lopies en 10 paaltjies binne een toernooi aan te teken.[128][129]
- Shakib Al Hasan word ná Yuvraj Singh die tweede krieketspeler om 50 lopies en vyf paaltjies tydens één krieketwêreldbekerwedstryd aan te teken.[130]
25 Junie 2019 10:30 (BST)
285/7 (50 boulbeurte)
v
221 (44.4 boulbeurte)
26 Junie 2019 10:30 (BST)
237/6 (50 boulbeurte)
v
241/4 (49.1 boulbeurte)
27 Junie 2019 10:30 (BST)
268/7 (50 boulbeurte)
v
143 (34.2 boulbeurte)
- Indië het die loot gewen en verkies om te kolf.
- Hardik Pandya (Ind) speel in sy 50ste EDI.[136]
- Jason Holder speel in sy 150ste internasionale wedstryd vir Wes-Indië.[137]
- Virat Kohli (Ind) word die vinnigste krieketspeler om 20 000 lopies in internasionale krieket aan te teken, volgens aantal boulbeurte (417).[138]
- Wes-Indië as gevolg van hierdie wedstryd uit die krieketwêreldbekertoernooi uitgeskakel.[139]
28 Junie 2019 10:30 (BST)
203 (49.3 boulbeurte)
v
206/1 (37.2 boulbeurte)
- Suid-Afrika het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.
29 Junie 2019 10:30 (BST)
227/9 (50 boulbeurte)
v
230/7 (49.4 boulbeurte)
243/9 (50 boulbeurte)
v
157 (43.4 boulbeurte)
- Australië het die loot gewen en verkies om te kolf.
- David Warner (Aus) teken sy 13 000ste lopie in internasionale krieket aan.[141]
- Trent Boult word die eerste Nieu-Seelandse bouler om 'n driekuns tydens 'n krieketwêreldbekerwedstryd aan te teken,[142] en ná Mohammed Shami (Ind) die tweede tydens die 2019-toernooi.[143]
- Kane Williamson (NZ) word die derde vinnigste kolwer om 6 000 lopies in EDIs (139) aan te teken, volgens aantal boulbeurte.[144]
- Mitchell Starc (Aus) word die eerste bouler om drie vyf-paaltjie-oeste in 'n krieketwêreldbekerwedstryd te neem.[145]
30 Junie 2019 10:30 (BST)
337/7 (50 boulbeurte)
v
306/5 (50 boulbeurte)
- Engeland het die loot gewen en verkies om te kolf.
- Kuldeep Yadav (Ind) speel in sy 50ste EDI.[146]
- Dit is die 100ste EDI wat tussen hierdie twee spanne gespeel word.[147]
- Mohammed Shami (Ind) neem sy eerste vyf-paaltjie-oes in EDIs.[148]
- Yuzvendra Chahal staan 88 lopies af, die meeste deur 'n Indiese bouler in 'n krieketwêreldbekerwedstryd.[149]
- Sri Lanka as gevolg van hierdie wedstryd uit die krieketwêreldbekertoernooi uitgeskakel.[150]
1 Julie 2019 10:30 (BST)
338/6 (50 boulbeurte)
v
315/9 (50 boulbeurte)
- Wes-Indië het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.
- Chris Gayle speel in sy 455ste wedstryd en word die voorste Wes-Indiese krieketspeler in internasionale krieket.[151]
- Avishka Fernando (SL) teken sy eerste EDI-honderdtal aan.[152]
- Jason Holder word die eerste Wes-Indiese kaptein om 100 EDI-paaltjies te neem.[153]
- Nicholas Pooran (WI) teken sy eerste EDI-honderdtal aan.[154]
2 Julie 2019 10:30 (BST)
314/9 (50 boulbeurte)
v
286 (48 boulbeurte)
- Indië het die loot gewen en verkies om te kolf.
- Tamim Iqbal (Ban) speel in sy 200ste EDI.[155]
- Rohit Sharma (Ind) egaliseer Kumar Sangakkara se rekord vir die meeste aantal honderdtale (4) deur 'n krieketspeler tydens een enkele krieketwêreldbekertoernooi.[156]
- Shakib Al Hasan (Ban) word die eerste krieketspeler om 500 lopies aan te teken en 10 paaltjies tydens een enkele krieketwêreldbekertoernooi te neem.[157]
- Indië kwalifiseer as gevolg van hierdie wedstryd vir die halfeindrondte.[158]
- Bangladesj as gevolg van hierdie wedstryd uit die krieketwêreldbekertoernooi uitgeskakel.[158]
3 Julie 2019 10:30 (BST)
305/8 (50 boulbeurte)
v
186 (45 boulbeurte)
- Engeland het die loot gewen en verkies om te kolf.
- Matt Henry (NZ) speel in sy 50ste EDI.[159]
- Dit is die eerste keer sedert die 1983-toernooi wat Engeland Nieu-Seeland tydens 'n krieketwêreldbekerwedstryd kan klop.[160]
- Engeland kwalifiseer as gevolg van hierdie wedstryd vir die halfeindrondte.[161]
- Dit is die eerste keer sedert die 1992-toernooi wat Engeland tot die uitklopfase kon vorder.[161]
4 Julie 2019 10:30 (BST)
311/6 (50 boulbeurte)
v
288 (50 boulbeurte)
5 Julie 2019 10:30 (BST)
315/9 (50 boulbeurte)
v
221 (44.1 boulbeurte)
- Pakistan het die loot gewen en verkies om te kolf.
- Mustafizur Rahman word die vinnigste Bengaalse bouler om 100 EDI-paaltjies te neem, volgens aantal boulbeurte (54).[164]
- Babar Azam teken die meeste lopies (474) deur 'n Pakistanse kolwer tydens een enkele krieketwêreldbekertoernooi aan.[165]
- Shakib Al Hasan (Ban) egaliseer Sachin Tendulkar se rekord om die meeste 50+ tellings (7) tydens een enkele krieketwêreldbekertoernooi aan te teken.[166]
- Shaheen Afridi (Pak) word die jongste bouler (op 19 jaar 90 dae) om 'n vyf-paaltjie-oes in 'n krieketwêreldbekerwedstryd te neem.[167]
- Shaheen Afridi teken ook die beste kolfsyfers deur 'n Pakistanse bouler in 'n krieketwêreldbekerwedstryd aan.[168]
- Nieu-Seeland kwalifiseer as gevolg van hierdie wedstryd vir die halfeindrondte.[169]
- Pakistan as gevolg van hierdie wedstryd uit die krieketwêreldbekertoernooi uitgeskakel.[169]
6 Julie 2019 10:30 (BST)
264/7 (50 boulbeurte)
v
265/3 (43.3 boulbeurte)
- Sri Lanka het die loot gewen en verkies om te kolf.
- Dinesh Karthik speel in sy 150ste internasionale wedstryd vir Indië.[170]
- Jasprit Bumrah (Ind) neem sy 100ste EDI-paaltjie.[171]
- Rohit Sharma (Ind) word die eerste kolwer om vyf honderdtale tydens een enkele krieketwêreldbekertoernooi aan te teken.[172]
325/6 (50 boulbeurte)
v
315 (49.5 boulbeurte)
UitklopfaseWysig
Die uitklopfase het uit twee halfeindwedstryde bestaan, waarvan die twee wenners in die eindstryd op Lord’s-krieketveld ontmoet het. Op 25 April 2018 is aangekondig dat Old Trafford en Edgbaston die twee halfeindwedstryde sal aanbied soos tydens die Krieketwêreldbeker 1999, met al die uitklopwedstryde wat 'n reserwedag gehad het.[174]
Halfeindrondte | Eindrondte | |||||
9–10 Julie – Old Trafford, Manchester | ||||||
Nieu-Seeland | 239/8 | |||||
Indië | 221 | 14 Julie – Lord’s, Londen | ||||
Nieu-Seeland | 241/8 | |||||
11 Julie – Edgbaston, Birmingham | Engeland | 241 | ||||
Australië | 223 | |||||
Engeland | 226/2 |
HalfeindrondteWysig
9–10 Julie 2019 10:30 (BST)
239/8 (50 boulbeurte)
v
221 (49.3 boulbeurte)
- Nieu-Seeland het die loot gewen en verkies om te kolf.
- Reën onderbreek die speel nadat 46.1 boulbeurte van Nieu-Seeland se kolfbeurt geboul is. Reserwedag op 10 Julie gebruik: 3.5 boulbeurte van Nieu-Seeland en Indië se hele kolfbeurt op 10 Julie voltooi.
- Tom Latham speel in sy 150ste internasionale wedstryd vir Nieu-Seeland.[175]
- MS Dhoni (Ind) speel in sy 350ste EDI.[176]
- Nieu-Seeland vorder vir die tweede keer tot die krieketwêreldbekereindwedstryd, hul tweede agtereenvolgende eindwedstrydverskyning.[177]
11 Julie 2019 10:30 (BST)
223 (49 boulbeurte)
v
226/2 (32.1 boulbeurte)
- Australië het die loot gewen en verkies om te kolf.
- Mark Wood (Eng) speel in sy 50ste EDI.[178]
- Met die paaltjie van Jonny Bairstow neem Mitchell Starc (Aus) sy 27ste s'n in die toernooi en oortref Glenn McGrath se rekord van 26 tydens die 2007-toernooi.[179]
- Dit is Australië se eerste nederlaag in agt verskynings by die krieketwêreldbekerhalfeindrondte.[180]
- Engeland kwalifiseer vir die eerste keer sedert die 1992-toernooi vir 'n krieketwêreldbekereindwedstryd.[181]
- Dot is die eerste keer sedert die 1992-toernooi wat Engeland Australië in 'n krieketwêreldbekerwedstryd kan klop.[182]
EindstrydWysig
14 Julie 2019 10:30 (BST)
241/8 (50 boulbeurte)15/1 (Superboulbeurt)
v
241 (50 boulbeurte)15/0 (Superboulbeurt)
- Nieu-Seeland het die loot gewen en verkies om te kolf.
- Engeland wen omdat hulle meer grenshoue (26–17) tydens die wedstryd aangeteken het.[183][184][185]
- Dit was die eerste keer wat 'n Superboulbeurt gebruik is om 'n EDI te beslis.
- Engeland het die derde agtereenvolgende gasheer geword wat die krieketwêreldbekertoernooi tuis kon wen.
Krieketwêreldkampioen 2019 |
---|
Engeland |
Finale puntestandWysig
Hierdie tabel toon die finale puntestand van al die tien deelnemende nasionale krieketspanne ná die Krieketwêreldbeker 2019.
Rang | Span | Groep | Wed | Wen | GU | Ver | LV | LT | +/– | LT | Pnt |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Finaliste | |||||||||||
1 | Engeland | – | 11 | N.v.t. | N.v.t. | N.v.t. | N.v.t. | N.v.t. | N.v.t. | N.v.t. | |
2 | Nieu-Seeland | – | 11 | N.v.t. | N.v.t. | N.v.t. | N.v.t. | N.v.t. | N.v.t. | N.v.t. | |
In die halfeindrondte uitgeskakel | |||||||||||
3 | Indië | – | 10 | 7 | 1 | 2 | 2481 | 2237 | +194 | 15 | |
4 | Australië | – | 10 | 7 | 0 | 3 | 2901 | 2607 | +294 | 14 | |
In die groepfase uitgeskakel | |||||||||||
5 | Pakistan | – | 9 | 5 | 1 | 3 | 2025 | 1994 | +31 | –0.430 | 11 |
6 | Sri Lanka | – | 9 | 3 | 2 | 4 | 1606 | 1621 | –15 | –0.919 | 8 |
7 | Suid-Afrika | – | 9 | 3 | 1 | 5 | 1905 | 2068 | –163 | –0.030 | 7 |
8 | Bangladesj | – | 9 | 3 | 1 | 5 | 2278 | 2474 | –196 | –0.410 | 7 |
9 | Wes-Indië | – | 9 | 2 | 1 | 6 | 1969 | 2113 | –144 | –0.225 | 5 |
10 | Afghanistan | – | 9 | 0 | 0 | 9 | 1832 | 2123 | –291 | –1.322 | 0 |
Sien ookWysig
VerwysingsWysig
- ( ) "Records/ICC World Cup 2019/Most Runs". ESPNcricnfo. 14 Julie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Records/ICC World Cup 2019/Most Wickets". ESPNcricnfo. 11 Julie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "England lands Cricket World Cup". BBC. 30 April 2016. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "England awarded 2019 World Cup". ESPNcricinfo. 30 April 2006. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Lord's to host record 5th final in 2019 World Cup". India TV. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( Nagraj Gollapudi (24 November 2011). ) "Full Members opposed 10-team World Cup – Lorgat". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "ICC will still cut 2019 World Cup to 10 teams, says chief executive". Guardian. 26 Maart 2015. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( Tim Wigmore (1 Julie 2015). ) "Anger as 10-team World Cup not up for debate". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "The Cricket World Cup 2019 has shrunk to exclude the minnows, but why? And how come it's still so long?". ABC News. 5 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( Russell Degnan (6 Maart 2015). ) "Does a ten-team World Cup make financial sense?". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Boards 'disappointed' with 2011 World Cup snub". ESPNcricinfo. 30 April 2016. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Asia to host 2011 World Cup". ESPNcricinfo. 30 April 2016. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "World Athletics Championships 2017 the latest addition to Britain's golden decade of sport". telegraph.co.uk. 11 November 2011. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Golden decade of sport in Britain starts now". telegraph.co.uk. 28 Julie 2009. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Cricket World Cup 2019 to stay at only 10 teams". BBC. 26 Junie 2015. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "ICC limit 2019 Cricket World Cup to 10 teams". 16 April 2012. Besoek op 5 Mei 2018.
- ( ) "Ireland, Afghanistan in mix for 2019 World Cup". ESPNcricinfo. 28 Januarie 2015. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Cricket World Cup: The Final 10". Internasionale Krieketraad. 23 Maart 2018. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Ireland and Afghanistan ICC newest full members amid wide-ranging governance reform". icc-cricket.com. Internasionale Krieketraad. 22 Junie 2017. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Afghanistan and Ireland receive opportunity to qualify for the ICC Cricket World Cup 2019 with Full Members". Internasionale Krieketraad. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Januarie 2015. Besoek op 13 Julie 2015.
- ( ) "West Indies qualifies for 2019 World Cup". CNC3. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "ICC Cricket World Cup Qualifier 2018 schedule announced". Internasionale Krieketraad. 15 Januarie 2018. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "World Cup Qualifier: Scotland denied by rain as West Indies reach 2019 Cricket World Cup". BBC. 21 Maart 2018. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Afghanistan qualify for CWC19". Internasionale Krieketraad. 23 Maart 2018. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "UAE stun Zim". Hindustan Times. 22 Maart 2018. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Afghanistan hold nerve to beat Ireland and reach Cricket World Cup". The Guardian. 23 Maart 2018. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "ICC's Richardson wants more teams in World T20". ESPNcricinfo. 3 April 2016. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "ICC World Cup 2019: Full Schedule, dates and venues". Times of India. 17 Mei 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "2019 Cricket World Cup to begin on May 30, final on July 14: ICC to confirm full schedule on Thursday". India Today. 25 April 2018. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "ICC Cricket World Cup 2019 schedule announced". Internasionale Krieketraad. 26 April 2018. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "World Cup weather watch: your guide to the soggy scenario". ESPNcricinfo. 11 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Eoin Morgan warns England against 'blind belief' as World Cup bid begins". The Guardian. 30 Mei 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Eoin Morgan Completes 7000 ODI Runs in ENG vs SA ICC Cricket World Cup 2019 Match at The Oval". LatestLY. 30 Mei 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Imran Tahir creates two records in World Cup match against England". Wio News. 30 Mei 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Pak vs WI, ICC World Cup: Statistical preview of Match 2". Hindustan Times. 31 Mei 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Shai Hope takes a stunner to reach 100 ODI catches". Times of India. 31 Mei 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Chris Gayle creates new record for hitting the most number of sixes at the World Cups". Times of India. 31 Mei 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Pakistan register their longest winless streak in ODIs with World Cup 2019 defeat vs West Indies". Times Now News. 31 Mei 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( Bharath Seervi (31 Mei 2019). ) "Pakistan crash to their biggest World Cup defeat". ESPNCricinfo. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "ICC Cricket World Cup 2019 (Match 3): New Zealand vs Sri Lanka – Statistical Preview". Cricket Addictor. 1 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Cricket World Cup 2019: Ferguson, Henry skittle Sri Lanka for 136". Cricket Country. 1 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "ICC World Cup 2019: Match 7, Afghanistan vs Sri Lanka – Statistical Preview". CricTracker. 3 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Imran Tahir reflects on 'amazing journey' as he prepares for 100th cap". ESPNcricinfo. 2 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "World Cup 2019: 'What A Lovely Batting Tigers', Rave Netizens As Shakib Al Hasan And Mushfiqur Rahim's Record-breaking Partnership Sets Bangladesh Up For A Big Total Against South Africa". Republic World. 2 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Cricket-Record partnership spurs Bangladesh to score their highest ODI total". Reuters. 2 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Shakib fastest to 5k runs, 250 wickets double". The Daily Star (Bangladesj). 2 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Shakib, Mustafizur, Mushfiqur beat South Africa". ESPNcricinfo. 2 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Jason Roy achieves special feat during England vs Pakistan World Cup fixture at Trent Bridge". Times Now News. 3 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "ICC World Cup 2019: Match 6, England vs Pakistan – England's 300+ totals, Pakistan's rare win and more stats". Crictracker. 3 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "ICC Cricket World Cup 2019 (Match 7): Afghanistan vs Sri Lanka – Stats Preview". Cricket Addictor. 4 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Lahiru Thirimanne achieves special feat during Afghanistan vs Sri Lanka World Cup fixture". DNA India news. 4 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Teetering South Africa hope not to capsize". ESPNcricinfo. 5 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "ICC World Cup 2019,India vs South Africa: Rohit Sharma hits 23rd ODI ton, joins elite list". Hindustan Times. 5 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "ICC World Cup 2019, India vs South Africa: Virat Kohli on verge of joining MS Dhoni, Sourav Ganguly in elite list ahead of opener". Hindustan Times. 5 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "World Cup 2019: History favours India over South Africa in recent ICC events". India Today. 5 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Cricket World Cup 2019: Third loss leaves South Africa facing a knockout scenario". Stuff. 6 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Interesting facts ahead of Tigers' game against New Zealand". The Daily Star (Bangladesh). 5 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "ICC Cricket World Cup 2019 (Match 9): Bangladesh vs New Zealand – Stats Preview". Cricket Addictor. 5 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "ICC World Cup 2019: Match 9, Bangladesh vs New Zealand – Statistical Preview". CricTracker. 5 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "World Cup 2019: Ross Taylor, Matt Henry script New Zealand's 2-wicket win over Bangladesh". India Today. 5 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Taylor fifty, Henry burst help New Zealand secure nervy win over Bangladesh". International Cricket Council. 5 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "West Indies play 800th ODI in ICC Cricket World Cup clash against Australia in Trent Bridge". News Nation. 6 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "ICC World Cup 2019: Match 10, Australia vs Windies, Preview – Caribbean flair locks horns with the Aussie spirit on a high-scoring ground". CricTracker. 6 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Chris Gayle survives not once but twice to Mitchell Starc – All thanks to DRS". News Nation. 6 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "World Cup 2019: Smith, Coulter-Nile, Starc shine as Australia beat West Indies". India Today. 6 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Highlights, Australia vs West Indies, ICC Cricket World Cup 2019 Match, Full Cricket Score: Aaron Finch and Co register 15 runs win". First Cricket. 6 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "A gutsy effort with the bat by Coulter-Nile:". Crictracker. 6 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Cricket World Cup: Pakistan v Sri Lanka abandoned because of rain". BBC. 7 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Pakistan v Sri Lanka: Cricket World Cup match abandoned – as it didn't happen". The Guardian. 7 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "ICC Cricket World Cup 2019 (Match 12): England vs Bangladesh – Stats Preview". Cricket Addictor. 8 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "ICC World Cup 2019: Twitter Reacts as England Post 386 Runs Against Bangladesh". Cricket Addictor. 8 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Neesham, Ferguson leaves Afghanistan in ruins". Cricket Country. 8 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Australia leak runs, and Rohit-Dhawan topple Greenidge-Haynes". ESPNcricinfo. 9 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "India make their World Cup statement". Cricbuzz. 9 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Dhawan 117 and Bhuvneshwar's three for secure India's victory". ESPNcricinfo. 9 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Cricket World Cup: South Africa v West Indies match rained off". BBC. 10 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "South Africa v West Indies washed out: Cricket World Cup 2019 – as it happened". The Guardian. 10 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Cricket World Cup: Bangladesh v Sri Lanka rained off". BBC. 11 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Bangladesh v Sri Lanka rained off: Cricket World Cup 2019 – as it didn't happen". The Guardian. 11 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Mohammad Amir 1st Pakistan bowler to pick up 5-wicket haul vs Australia in World Cup history". India Today. 12 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Pakistan see shaky start with early dismissals". Dawn. 12 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Cricket World Cup: India v New Zealand abandoned because of rain". BBC. 13 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "India v New Zealand: Cricket World Cup – as it didn't happen". The Guardian. 13 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "ICC Cricket World Cup 2019 (Match 19): England vs Windies – Stats Preview". Cricket Addictor. 14 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Wood & Archer steal show as Windies fold up for 212". Social News. 14 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "India vs Pakistan: Virat Kohli fastest to 11,000 ODI runs". India Today. 16 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "STATS: Virat Kohli, Rohit Sharma sizzle on the biggest stage". Cricbuzz. 16 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "India vs Pakistan: Vijay Shankar joins elite list with wicket off first ball in World Cups". India Today. 16 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Cricket World Cup: Bangladesh and Windies target momentum boost from Taunton showdown". Sporting News. 17 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "ICC World Cup 2019: Match 23, Windies vs Bangladesh – Statistical Preview". CricTracker. 17 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "ICC Cricket World Cup 2019 (Match 23): Bangladesh vs Windies – Stats Preview". Cricket Addictor. 17 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "World Cup 2019: Hetmyer smashes joint-fastest fifty, crosses 1000 ODI runs". SportStar. 17 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Shakib gets past 6,000 ODI runs". Dhaka Tribune. 17 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "World Cup 2019: Shakib Al Hasan, Liton Das power Bangladesh past West Indies in record chase". Scroll India. 17 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Shakib Al Hasan, Liton Das stars in record chase". ESPNCricinfo. 17 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Eoin Morgan and England set world records in Afghanistan World Cup demolition". Metro. 18 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Eoin Morgan makes 148 off 71 balls including 17 sixes – a new ODI record". Sporting Life. 18 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Eoin Morgan: England captain hits record 17 sixes against Afghanistan". BBC. 18 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Morgan's 17 sixes highlights England World Cup record day". Yahoo News. 18 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Most expensive spell in a World Cup: Rashid Khan goes for 110 runs off 9 overs". India Today. 18 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Demoralised Afghanistan face daunting task against upbeat India". International Cricket Council. 22 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Kane Williamson guides New Zealand to narrow World Cup win over South Africa". The Guardian. 19 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "World Cup 2019: Hashim Amla second fastest to 8000 ODI runs". Sport Star. 19 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Kane Williamson century leads New Zealand to thrilling win over South Africa". Times and Star. 19 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Masterful Williamson nudges South Africa closer to World Cup exit". Loop News Barbados. 19 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "David Warner blasts highest score in World Cup 2019, equals Virat Kohli's record". The Indian Express. 20 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Stats – Warner clobbers his sixth 150-plus score". ESPNcricinfo. 20 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Bangladesh lose to Australia despite their highest ODI total in high-scoring WC match". bdnews24.com. 20 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Moeen Ali: England's man for all seasons closes in on his 100th ODI cap". The Cricketer. 21 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "ICC Cricket World Cup 2019 (Match 27): England vs Sri Lanka – Stats Preview". Cricket Addictor. 21 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "ICC World Cup 2019: Match 27, England vs Sri Lanka – Malinga's magic, Root's form and more stats". CricTracker. 21 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Malinga becomes second Sri Lankan to pick 50 wickets in World Cup". Sport Star. 21 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Lasith Malinga breaks record for fewest matches to 50 World Cup wickets". Indian Express. 21 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Cricket World Cup 2019: Mohammed Shami hat-trick sees India through final-over drama with Afghanistan". The Independent. 22 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "World Cup 2019: Mohammed Shami creates history, becomes 2nd Indian to take World Cup hat-trick". Hindustan Times. 22 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "World Cup 2019: Mohammed Shami hat-trick seals thrilling win for India over Afghanistan". India Today. 22 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Shami's hat-trick helps India beat Afghanistan; Kohli top scores". BBC. 22 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "New Zealand beat West Indies by five runs: Cricket World Cup 2019". The Guardian. 22 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "ICC Cricket World Cup 2019 (Match 30): Pakistan vs South Africa – Stats Preview". Cricket Addictor. 23 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "World Cup 2019: Pakistan eliminate South Africa from semi-finals race with 49-run win". India Today. 23 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Cricket World Cup: Butter-fingered Pakistan stay alive, South Africa eliminated after Lord's scrap". Cricket Country. 23 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Haris blitz ends South Africa's World Cup dream". ESPNcricinfo. 23 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "ICC World Cup 2019: Match 31, Bangladesh vs Afghanistan, Preview – Winless Afghans battle for pride against roaring Tigers". CricTracker. 24 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "ICC World Cup 2019: Match 31, Bangladesh vs Afghanistan – Statistical Preview". Crictracker. 24 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Afghanistan vs Bangladesh live cricket score and updates, AFG vs BAN Match 31". Cricket Country. 24 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "ICC World Cup 2019, Bangladesh vs Afghanistan: Shakib Al Hasan scripts unique World Cup history for Bangladesh". 24 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "World Cup 2019: Bangladesh ride on all-round Shakib Al Hasan to inflict 7th-straight defeat on Afghanistan". India Today. 24 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Shakib only player with 1k runs, 30 wickets at World Cups". The Daily Star. 24 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Shakib Al Hasan Shatters Records As He Guides Bangladesh Against Afghanistan To Victory Once Again...". Republic TV. 24 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Shakib al Hasan matches Yuvraj Singh's World Cup record for best all-round performance". Indian Express. 24 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Starc, Behrendorff demolish England to take Australia into semi-finals". The Indian Express. 25 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Australia defeat leaves faltering England's World Cup hopes in peril". Evening Express. 25 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "World Cup 2019: Australia crush England to storm into semi-finals". India Today. 25 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Babar Azam becomes fastest Pakistani batsman to reach 3,000 runs". The News. 26 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "World Cup 2019: Pakistan keep semi-final hopes alive after handing New Zealand 1st defeat". India Today. 26 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "India's shaky middle order in focus against teetering West Indies". ESPNcricinfo. 27 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "ICC Cricket World Cup 2019 (Match 34): India vs Windies – Stats Preview". Cricket Addictor. 27 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Virat Kohli surpasses Sachin and Lara, becomes fastest to 20,000 international runs". Times of India. 27 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Cricket World Cup: India thrash West Indies by 125 runs at Old Trafford". BBC. 27 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "ICC Cricket World Cup 2019 (Match 36): Pakistan vs Afghanistan – Statistical Highlights". Cricket Addictor. 29 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "ICC Cricket World Cup 2019 (Match 37): New Zealand vs Australia – Statistical Highlights". Cricket Addictor. 29 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "World Cup 2019: Trent Boult creates history, becomes first NZ bowler to take hat-trick in a World Cup". Hindustan Times. 29 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Trent Boult takes second hat-trick of World Cup 2019". Sport Star. 29 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "While You Were Sleeping: Ugly scenes mar World Cup clash". NZ Herald. 29 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Alex Carey, Mitchell Starc to the fore as Australia thump New Zealand". ESPNcricinfo. 29 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "ICC Cricket World Cup 2019 (Match 38): England vs India – Stats Preview". Cricket Addictor. 30 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "India vs England, World Cup head-to-head: Another Birmingham test for England in 2019". India Today. 30 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "India vs England Live Score, World Cup 2019: Mohammed Shami Takes 5 But Bairstow Ton Helps England Post 337/7". NDTV. 30 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Yuzvendra Chahal Becomes Most Expensive Indian Bowler in World Cup History". News18. 30 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "How England's win affects Bangladesh and Pakistan". ESPNcricinfo. 30 Junie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "ICC Cricket World Cup 2019 (Match 39): Sri Lanka vs Windies – Statistical Highlights". Cricket Addictor. 1 Julie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Fernando strikes maiden ODI ton as Sri Lanka set West Indies testing target". Belfast Telegraph. 1 Julie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "ICC World Cup 2019: Match 39, Sri Lanka vs Windies – Pooran's unsuccessful attempt, Holder's 100th as captain and more stats". CricTracker. 1 Julie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "World Cup 2019, Sri Lanka vs West Indies live: Nicholas Pooran scores first ODI ton to give WI hope". Scroll India. 1 Julie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "ICC Cricket World Cup 2019 (Match 40): Bangladesh vs India – Stats Preview". Cricket Addictor. 2 Julie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "ICC World Cup 2019: Match 40, Bangladesh vs India – Rohit's form, Bumrah's finishing and more stats". Crictracker. 2 Julie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Shakib Al Hasan first to 500 runs and 10 wickets in single World Cup". Sportstar. The Hindu. 2 Julie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Cricket World Cup: India confirm semi-final place with Bangladesh win". BBC. 2 Julie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "ICC World Cup 2019: England vs New Zealand--Statistical Highlights". Zee News. 3 Julie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "England strangle New Zealand to reach semis". Cricbuzz. 3 Julie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "England v New Zealand: Hosts reach World Cup semi-finals". BBC. 3 Julie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "ICC Cricket World Cup 2019 (Match 42): Afghanistan vs Windies – Stats Preview". Cricket Addictor. 4 Julie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Afghanistan v West Indies: Gayle eyeing record at Headingley". Yahoo! Sport. 4 Julie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Pakistan vs Bangladesh: Mustafizur Rahman picks up 100th ODI wicket". Sport Star. 5 Julie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Babar Azam breaks a 27-year-old World Cup record for Pakistan". India Today. 5 Julie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Shakib Al Hasan breaks Sachin Tendulkar' World Cup record". India Today. 5 Julie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Shaheen Afridi destroys Bangladesh as Pakistan bid goodbye to World Cup". Jantaka Reporter. 5 Julie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Cricket World Cup: Pakistan hammer Bangladesh but New Zealand into semi-finals". BBC. 5 Julie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Cricket World Cup: Black Caps secure semi-final place as Pakistan fail to score enough runs". Stuff. 5 Julie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "ICC Cricket World Cup 2019 (Match 44): Sri Lanka vs India – Stats Preview". Cricket Addictor. 6 Julie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "The Latest: Bumrah earns 100th ODI wicket". Fox Sports. 6 Julie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Rohit Sharma first batsman to hit five centuries in a World Cup". Times of India. 6 Julie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Australia lose thriller; face England in the semis". Cricbuzz. 6 Julie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Old Trafford to host India-Pakistan World Cup clash". ESPNcricinfo. 25 April 2018. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "ICC Cricket World Cup 2019 (Semi-Final 1): India vs New Zealand – Stats Preview". Cricket Addictor. 9 Julie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "ICC World Cup 2019: MS Dhoni Becomes The Second Indian To Play 350 ODIs". Cricket Addictor. 9 Julie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Jadeja, Dhoni fight in vain as New Zealand advance to final". Cricbuzz. 10 Julie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "ICC Cricket World Cup 2019 (Semi-Final 2): Australia vs England – Stats Preview". Cricket Addictor. 11 Julie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Mitchell Starc breaks Glenn McGrath's record for most wickets in a World Cup". Times of India. 11 Julie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "England crush Australia to set up summit clash with New Zealand". Times of India. 11 Julie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Jason Roy caps bowlers' onslaught as England blaze a trail to World Cup final". ESPNcricinfo. 11 Julie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "England swat Australia aside to enter final". Cricbuzz. 11 Julie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Epic final tied, Super Over tied, England win World Cup on boundary count". ESPNcricinfo. 14 Julie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Relive incredible World Cup final with clips and analysis as it happened". BBC. 14 Julie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
- ( ) "Drama op Lord's". Maroela Media. 14 Julie 2019. Besoek op 14 Julie 2019.
Verdere leesstofWysig
- ( Hawkes, Chris (2019). ) ICC Cricket World Cup England and Wales 2019: The Official Book. Carlton Books Limited. ISBN 978-1-78739-219-9.
Eksterne skakelsWysig
Wikimedia Commons bevat media in verband met Krieketwêreldbeker 2019. |
- ( ) Amptelike webwerf
- ( ) ICC Cricket World Cup 2019
- ( ) Cricket World Cup 2019 in die Internet-rolprentdatabasis
|
<urn:uuid:b2d2eced-b947-44cb-ab3e-8970c762b926>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Krieketw%C3%AAreldbeker_2019
|
2019-07-19T08:35:40Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526153.35/warc/CC-MAIN-20190719074137-20190719100137-00494.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.993619
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Regerende Party
Die sogenaamde Regerende Party (1910-1911) was die voorganger in die Suid-Afrikaanse politiek van die Suid-Afrikaanse Party.
Dit was 'n losse groepering wat in die verkiesing van 15 September 1910 - die eerste ná Uniewording - 82 kandidate gestel het, waarvan 46 onbestrede verkies is en 21 in hulle kiesafdelings geseëvier het, vir 'n somtotaal van 67 uit 121 setels. Die ander deelnemende partye was die Sosialiste Partye (geen setels), die Arbeidersparty (vier setels) en die Unionisteparty (39). Onafhanklikes en andere het 11 setels verower.
Die Regerende Party party was die voorloper van albei die groot partye wat die Suid-Afrikaanse politiek in een of ander gedaante van 1910 tot 1994 sou oorheers. Die Nasionale Party onder genl. J.B.M. Hertzog het in 1913 van die S.A.P. afgestig en weer op 5 Desember 1934 met die S.A.P. saamgesmelt om die Verenigde Suid-Afrikaanse Nasionale Party te vorm. En die Gesuiwerde Nasionale Party was op sy beurt 'n uitvloeisel van die vroeëre Nasionale Party.
|
<urn:uuid:43510158-a763-4070-8e42-2d4b5b4d765c>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Regerende_Party
|
2019-07-23T03:06:09Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528687.63/warc/CC-MAIN-20190723022935-20190723044935-00414.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999969
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Kategorie:Duitse musici
Jump to navigation
Jump to search
Wikimedia Commons bevat media in verband met Duitse musici. |
Subkategorieë
Hierdie kategorie bevat slegs die volgende subkategorie.
K
-
Bladsye in kategorie "Duitse musici"
Die volgende 14 bladsye is in hierdie kategorie, uit 'n totaal van 14.
|
<urn:uuid:f53048a4-1ee0-425c-9c7e-5b848f455925>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Duitse_musici
|
2019-07-23T03:13:44Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528687.63/warc/CC-MAIN-20190723022935-20190723044935-00534.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.992306
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Gouina-waterval
Die Gouina-waterval is 'n informele naam vir die "Chutes de Gouina" (Frans) in die Sénégalrivier in Mali. Hierdie watervalle word deur die diaspora-gemeenskap die Diamo-waterval genoem as gevolg van die nabygeleë Maliese dorpie Diamo. Dit is ook al die Niagara-waterval van Mali genoem.
Ligging[wysig | wysig bron]
Die Gouina-waterval is ongeveer 70 km noordoos van die myndorpie Sadiola in die verre-westelike gedeelte van Mali. Dit word gevind in die Senegalrivier, tientalle km stroomop van die voormalige Maliese hoofstad Kayes. Die waterval lê tussen die twee dorpies Bafoulabé (stroomop) en Diamou (stroomaf).
Beskrywing[wysig | wysig bron]
Die Gouina-waterval is 'n indrukwekkende waterval, ongeveer 500 m wyd (afhangende van die seisoen), en ongeveer 16 meter hoog. Die volume water wat tydens die droë seisoen oor die watervalle loop is ongeveer 12-13m3 per sekonde, en in die nat seisoen tot soveel as 2 430 m3 per sekonde. Aan die bokant van die waterval word groot maalgate gevind (sommige 2 m x 2 m wyd, en tot 2 m diep). Hierdie maalgate kan slegs in die droë seisoen gesien word, wanneer die watervlakke laag is. In die nat seisoen (Mei tot Julie) is hierdie gedeeltes onder water.
Toegang[wysig | wysig bron]
Toegang tot hierdie waterval is slegs moontlik met 'n viertrekvoertuig as gevolg van die swak tot feitlik nie-bestaande paaie. Dit neem ongeveer 2 uur om die sowat 70 km vanaf Sadiola-myndorp af te lê, ten spyte van 'n groot gedeelte van die pad wat deur “SEMOS” onderhou word. Tydens die nat seisoen is hierdie waterval bykans onbereikbaar, as gevolg van die toestand van die pad, en die talle seisoenale strome wat deurkruis moet word.
Natuurlewe[wysig | wysig bron]
Ten spyte van die afgeleë aard van hierdie omgewing, is daar bitter min natuurlewe oor. Diere wat egter wel nog aangetref word, is seekoeie, bobbejane, luiperds en vlakvarke. Tiervis word in die riviere aangetref, maar is relatief skaars as gevolg van oorbenutting.
|
<urn:uuid:1b86b493-5549-4990-ae75-8342ec91533c>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Gouina_Waterval
|
2019-07-23T05:22:56Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00022.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999998
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Jimmy Louw
Inhoud
Herkoms[wysig | wysig bron]
Louw was een van die 10 kinders van ds. A.A. Louw, eerste predikant van die NG gemeente Fauresmith en sy vrou, Jemima Murray, dogter van ds. Andrew Murray die oue. Onder sy broers was ds. A.A. Louw, stigter van die Masjonalandse Sending, ds. A.F. Louw van Stellenbosch en dr. C.R. Louw, 'n vooraanstaande sakeman. Deur sy ma se kant van die familie was ds. Louw verwant aan heelparty van die bekende predikant van die tweede helfte van die 19de en eerste helfte van die 20ste eeu. Vyf van sy Murray-ooms, die seuns van ds. Andrew Murray die oue, was predikant:
- John, 15 September 1826 - 27 Desember 1882.
- Andrew, 9 Mei 1828 - 18 Januarie 1917.
- William, 29 Oktober 1829 - 16 Junie 1899.
- Charles, 26 Februarie 1833 - 31 Oktober 1904.
- George, 7 Augustus 1845 - 18 Mei 1921.
Van sy tantes aan moederskant het nog drie, buiten hul moeder, met ’n predikant getrou:
- Maria (1831–1912) met ds. J.H. Neethling.
- Isabella (1839–1929) met ds. J.H. Hofmeyr.
- Elizabeth (1855–1917) met ds. H.L. Neethling.
- Andrew Murray (1866–1936).
- John Murray (1871–1943).
- Johannes Wynand Lou (1878–1936).
- Charles Murray (1876–1930).
- Georg Wilhelm Stegmann (1882–1969).
Opleiding en gemeentebediening[wysig | wysig bron]
Louw en sy broer A.F. ontvang saam onderwys op Murraysburg, in die Paarl en op Stellenbosch en word in 1894 as predikante van die NG Kerk gelegitimeer. Ná 'n kort tydjie op Riversdal word hy in Maart 1896 hulpleraar van ds. H.S. Bosman in Pretoria en in Desember 1898 bevestig as opvolger van ds. P.B.J. Stofberg in die gemeente Boksburg, die moeder van al die NG gemeentes aan die Oos-Rand. Dié uitgestrekte gemeente bedien hy 41 jaar lank onvermoeid tot sy dood. In sy dienstyd word onder meer die gemeente Germiston in Februarie 1899 afgestig. Eers moes hulppredikers die toenemende bevolking help bearbei, maar vanaf die Eerste Wêreldoorlog word gemeentes flink afgestig en weldra moes die dogtergemeentes dieselfde doen sodat uit die oorspronklike moedergemeente daar in 1952 reeds 27 gemeentes regstreeks en onregstreeks ontstaan het en 60 jaar later meer as 60, hoewel al die moedergemeentes aan die Oos-Rand, behalwe Kemptonpark en Brakpan teen 2015 by dogtergemeentes ingelyf is.
Die eerste NG kerk op Boksburg was ’n gebou van hout en yster op die hoek van Mark- en Trichardtstraat, oorkant Markplein, waar die Ou Stadsaal geleë is. Onder Louw se aanvoering het die gemeente die sogenaamde Klipkerk opgerig wat op 26 Oktober 1912 ingewy is.[1]
Tweede Vryheidsoorlog[wysig | wysig bron]
Louw het hom deurgaans met die lotgevalle van die Afrikanervolk vereenselwig. Met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog het ds. Louw op 12 Oktober 1899 na Natal gegaan saam met die Boksburgse Kommando en die volgende twee en ’n half jaar enduit by as veldprediker van die Republikeinse magte opgetree. Op 5 Junie 1902 het ds. Louw en die oorblyfsels van die kommando hul wapens neergelê by Kraalstasie, suid van Heidelberg, Transvaal. Met gelapte klere het hy later daardie maand weer by die Boksburgse pastorie aangekom. Vanweë sy betrokkenheid by die Driejarige Oorlog het hy 'n waardevolle versameling dokumente oor die oorlog besit, waarvan sommige aan verskeie argiewe oorgedra en die ander nog in privaat besit van die familie is.
Kindervriend[wysig | wysig bron]
Ook op die gebied van onderwys en welsynswerk lewer hy 'n belangrike bydrae tot die opheffing van sy volksgenote. Ná die Tweede Anglo-Boereoorlog het hy die leiding met die totstandkoming van die eerste CNO-skool aan die Oos-Rand op Boksburg geneem. Later beywer hy hom weer vir die oprigting van Afrikaansmediumskole aan die Oos-Rand.
Louw het veel vir die opheffing van die minderbevoorregte kind gedoen. Pas na die oorlog het hy gereël vir die huisvesting van 20 oorlogswesies in die gemeentes. Hy het jare lank in die hoofbestuur van die Abraham Kriel-kinderhuis op Langlaagte gedien. Vyf-en-dertig jaar lank was dit 'n instelling dat hy met sy gemeente die kinders van dié inrigting jaarliks – gewoonlik by die Boksburgmeer – onthaal.
Hoërskool Voortrekker, Boksburg[wysig | wysig bron]
Die Britte se verskroeideaardebeleid het tot gehad dat duisende wanhopige Afrikaners ná die Driejarige Oorlog na die Witwatersrand gestroom het om in die goud- en steenkoolmyne te werk. Ná die oorlog het Louw ’n veldtog begin vir stigting van die eerste Afrikaansmedium hoërskool aan die Rand. Die Hoërskool Voortrekker op Boksburg is begin deur ’n groep ouers, onder Louw se leiding, wat wou toesien dat hul kinders hul skoolloopbaan enduit in hul moedertaal kon deurloop. In 1918 het die Oos-Randse Skoolraad ’n lewensvatbaarheidstudie uitgevoer om te bepaal of daar genoeg Afrikaanse leerders bo st. 5 was om ’n Afrikaansmedium te regverdig. Dié ondersoek het die behoefte aan ’n Afrikaanse sekondêre skool bevestig. Danksy Louw se onvermoeide ywer is die Oosrandse Hollandse Medium Hoërskool op 29 Januarie 1920 gestig. Dit het begin op ’n perseel langs die Boksburgmeer met 67 leerders en ses onderwysers. Aan die begin van die derde kwartaal van 1920 is herdoop tot Hoërskool Voortrekker. Dié skool moes weens verskeie redes in 1999 dubbelmedium word.
Breër kerklike rol[wysig | wysig bron]
In 1908 het hy en ds. N.H.C. De J. Theunissen die lidmate van die NG Kerk in Duits- en Brits-Oos-Afrika in opdrag van die Sinode besoek. Deur dié sending is die grondslag van die NG Kerk daar gelê en stig Louw later die eerste gemeente, Vergenoeg, en ook ander gemeentes in daardie geweste.
Hy het ook 'n prominente rol in die ringe en Sinode van die Nederduits Hervormde of Gereformeerde Kerk in Transvaal gespeel. Hy is as assistent scriba synodi aangewys (1906) en het van 1912 tot 1934 as skriba gedien. Daarna het hy tot sy dood as assessor van die Sinode opgetree. Hy was 'n gerespekteerde en beminde figuur en behartig die skribaat met groot bekwaamheid. Louw het ’n merkwaardige kennis van die kerklike regulasies gehad. Daarby het sy fyn humorsin en sy taktvolle dog ferme optrede daartoe bygedra dat probleme sonder wrywing opgelos kon word. Die Laerskool J.M. Louw op Boksburg is na hom genoem, maar dit het later verengels en staan nou bekend as die New Comet Primary School.
In 1938, toe hy reeds weens ouderdom verswak en siek was, het hy as een van die laaste oorlewende predikante wat enduit by die stryders in die Tweede Vryheidsoorlog gebly het, gevra om op 16 Desember 1938 ’n preek te lewer tydens die hoeksteenlegging van die Voortrekkermonument in Pretoria.
Gesinslewe[wysig | wysig bron]
Ds. Louw is op 29 September 1897 getroud met Gertruida Johanna Joubert (1878-1963), 'n dogter van ds. W.A. Joubert (1847-1932). Sy was 'n bekwame vrou, wat haar veral vir sendingwerk beywer het. Sy was een van die stigters van die Transvaalse Vrouesendingvereniging in 1905 en het tot haar dood in die hoofbestuur gedien. Die egpaar het agt kinders gehad. Twee seuns, Jacobus Murray (1918-1968) en Jan Hofmeyr (1920-1968), het predikant geword en is kort ná mekaar oorlede.
Bronne[wysig | wysig bron]
- ( ) Krüger, prof. D.W. en Beyers, C.J. (hoofred.) Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek Deel III. Kaapstad: Tafelberg-Uitgewers, 1977.
- ( ) Maeder, ds. G.A. en Zinn, Christian. 1917. Ons Kerk Album. Kaapstad: Ons Kerk Album Maatschappij Bpkt.
- ( ) Olivier, ds. P.L., 1952. Ons gemeentelike feesalbum. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers.
Verwysings[wysig | wysig bron]
- ( ) Kerke, Oos-Rand-Beeld, 13 Augustus 2003. URL besoek op 2 Oktober 2015.
|
<urn:uuid:e1e5dfd7-b808-40ce-a762-c5d9f88ac419>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Jimmy_Louw
|
2019-07-23T07:53:34Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529007.88/warc/CC-MAIN-20190723064353-20190723090353-00302.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999982
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Hei! Ek is van Kanada maar bly in Suid-Korea en wil hier bly ewig, en nou wil afrikaans leer.
Ek praat Engels, Japans, Koreans, etc. etc. Ek het gebly ook in Japan twee jare (in Nagoya en Fukuoka). Nou is ek 'n vertaler. Ek vertaal dokumente uit Koreans in Engels.
|
<urn:uuid:2933bcc0-0368-4994-a908-7e7041004bba>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Gebruiker:Mithridates
|
2019-07-20T20:37:36Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526670.1/warc/CC-MAIN-20190720194009-20190720220009-00006.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999832
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Plaasmoorde in Suid-Afrika
Die term plaasmoorde verwys na moorde op plase, veral die moorde wat sedert die einde van die apartheidstelsel in 1994 op Suid-Afrikaanse plase gepleeg word. Volgens beskikbare statistiek het daar tussen 1991 en 2001 6 122 plaasaanvalle plaasgevind wat tot 1 254 sterfgevalle gelei het.[1][2] Die getal sterfgevalle het in die volgende agt jaar meer as verdubbel tot 3 037.[3]
Plaasmoorde en die wreedaardige manier waarop dit uitgevoer word veroorsaak in beide Suid-Afrika en die buiteland[4][5] ontsteltenis. Van die slagoffers word gemartel en verkrag voordat hulle vermoor word. Ander plaasmoorde word soos ’n teregstelling uitgevoer.
Met die demokratisering van Suid-Afrika het van die wit gemeenskappe moontlik vir die eerste keer met die drastiese omvang van werkloosheid en armoede onder die meerderheid van Suid-Afrika se bevolking, en misdaad en geweld, wat moontlik daaruit voortspruit, in aanraking gekom.
Navorsing deur die Instituut vir Sekerheidstudies het bevind dat ’n boer se kans om vermoor te word, byna vier keer groter is as dié vir ’n gewone landsburger en twee keer so groot as dié van ’n polisielid.[6]
Inhoud
Die motiewe vir plaasaanvalle[wysig | wysig bron]
Swart en blanke boere is moontlik sagte teikens vir rowers. Daar word ook beweer dat die omstandighede van plaasmoorde waarby wit mense die slagoffers is, ook as gevolg van onderliggende rassespanning veroorsaak is. Daar blyk geen werklike rede vir die moor van slagoffers van plaasaanvalle te wees nie.[1] Volgens Moetsepe Matlala, voorsitter van die National African Farmers’ Union, verlaat wit én swart boere hul plase weens veiligheidsrisiko’s.[7]
Sommige Suid-Afrikaanse boere is egter onder die indruk dat plaasaanvalle en -moorde deur sekere elemente as ’n geskikte intimidasiemetode beskou word om boere van hulle plase te verdryf.
Daar word gevoel dat amptelike bewerings dat gewone roof die dryfkrag agter plaasaanvalle is nie verklaar waarom plaasaanvallers ná hulle rooftog in die plaashuis wag om die boer en sy gesin op ’n wreedaardige manier te vermoor nie. Plaasmoorde het sodoende ’n hoogs emosionele saak geword wat in sommige kringe as doelbewuste volksmoord beskou word.[8]
Volgens Boeta du Toit, uitvoerende hoofbestuurder van Agri Noordwes, dui navorsing egter daarop dat plaasaanvalle eerder misdaadgerig is. Die blote afgesonderdheid van plase en swak infrastruktuur soos slegte paaie maak van boeregemeenskappe sagte teikens wat nie maklik deur die polisie beveilig kan word nie. Rassisme en onverantwoordelike politieke uitlatings dra egter ook daartoe by dat ’n klimaat van brutaliteit in plattelandse gemeenskappe geskep word. Die invloed van drank en dwelms speel moontlik ook ’n rol, net soos swak ekonomiese omstandighede en werkloosheid.[verwysing benodig]
Die aanvalle word soms openlik deur politieke persoonlikhede, soos staatsleiers, tydens publieke geleenthede aangemoedig deur die sing van “struggle”-liedjies wat die dood van boere aanhits. Voorbeelde hiervan is Nelson Mandela,[9] Jacob Zuma[10] en Julius Malema.[11]
Prioritisering van plaasmoorde[wysig | wysig bron]
Vroeg in Mei 2016 het die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se waarnemende nasionale polisiekommissaris, lt.genl. Khomotso Phahlane, tydens ’n mediakonferensie bevestig dat plaasmoorde deur die SAPD as prioriteitsmisdaad gehanteer sal word.[12]
Eksterne skakels[wysig | wysig bron]
- AfriForum se verslag oor Plaasaanvalle en Plaasmoorde in Suid-Afrika
- Nuusstorie (Junie 2002): “White Afrikaner Farmers Under Siege”
- Sky News-nuusberig oor plaasmoorde in Suid-Afrika
- AfriForum: Gesprek oor plaasmoorde met Steve Hofmeyr en Rian van der Walt op YouTube
- Genocide Watch: South Africa
Sien ook[wysig | wysig bron]
- Treurgrond, rolprent oor plaasmoorde in Suid-Afrika.
Verwysings[wysig | wysig bron]
- ( ) "Report of the Committee of Inquiry into Farm Attacks" (PDF). 31 Julie 2003. Besoek op 29 Oktober 2017.
- ( Burger, Johan (17 Oktober 2012). ) "Farm Attacks and Farm Murders Remain a Concern". Instituut vir Sekerheidstudies. Besoek op 4 Mei 2016.
- ( Stuijt, Adriana (17 Februarie 2009). ) "Two more S.African farmers killed: death toll now at 3,037". Digital Journal. Besoek op 4 Mei 2016.
- ( ) "Nederlander slachtoffer van roofmoord in Zuid-Afrika". NOS.nl. 10 April 2017. Besoek op 30 April 2017.
- ( Chung, Frank (25 Maart 2017). ) "'Bury them alive!': White South Africans fear for their future as horrific farm attacks escalate". news.com.au. Besoek op 30 April 2017.
- "Plaasmoorde: Dié wat agterbly". Netwerk24.com. 9 Oktober 2014. Besoek op 5 Mei 2016.
- Die Netwerk24-span (6 Oktober 2014). "Plaasmoorde: Geen prioriteit of plan?". Netwerk24.com. Besoek op 5 Mei 2016.
- Netwerk24.com, 9 Oktober 2014
- Mandela praat met verslaggewers na die sing van ’n wraaklied teen blankes. op YouTube
- Jacob Zuma sing “Kill the Boer” in Bloemfontein. op YouTube
- Julius Malema moedig ondersteuners aan om Boere dood te maak op YouTube
- Wyrley-Birch, Jhua-nine (4 Mei 2016). "Uiteindelike deurbraak om plaasmoorde te prioritiseer". Maroela Media. Besoek op 4 Mei 2016.
Verdere leesstof[wysig | wysig bron]
- 80 Farmmorde in sieben Monaten, in: Afrika Süd – Zeitschrift zum südlichen Afrika, No. 6 (2004), uitgegee deur Informationsstelle Südliches Afrika, Bonn, Duitsland
- Mike Morris: The Development of Capitalism in South African Agriculture: Class-Struggle in the Countryside, in: Economy and Society (Londen), Vol. 5, No. 3 (1976)
- Christian Soest: Anspruch und Wirklichkeit der südafrikanischen Landreform 1994–2001. In: Arbeitspapiere zu Problemen der Internationalen Politik und der Entwicklungsländerforschung. Nr. 33/2002. München 2002: Forschungsstelle am Geschwister-Scholl-Institut für Politische Wissenschaft der Ludwig-Maximilians-Universität München
- du Toit, Philip (2004). The Great South African Land Scandal. Centurion: Legacy Publications.
|
<urn:uuid:3ab26b10-cfa8-4e79-849e-4bd415033eb0>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Plaasmoorde_in_Suid-Afrika
|
2019-07-22T01:36:28Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527458.86/warc/CC-MAIN-20190722010436-20190722032436-00190.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999669
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Moeraswaterfiskaal
Die Moeraswaterfiskaal (Laniarius bicolor) is 'n gelokaliseerde algemene standvoël in ruigtes langs riviere en papirusmoerasse. Die geslagte lyk eenders. Hulle bly een-een of in pare saam. Die voël is 23 cm groot en weeg 50 gram. In Engels staan die voël bekend as die Swamp boubou.
Moeraswaterfiskaal | ||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
L. b. subsp. sticturus, die mees suidelike van drie subspesies | ||||||||||||||||
Bewaringstatus | ||||||||||||||||
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||||||||
Binomiale naam | ||||||||||||||||
Laniarius bicolor (Verreaux, 1857) |
Sien ookWysig
BronWysig
VerwysingsWysig
- BirdLife International (2012). "Laniarius bicolor". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.
|
<urn:uuid:b05f0137-2cd2-4179-89f0-82749f293e91>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Moeraswaterfiskaal
|
2019-07-19T11:59:25Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526237.47/warc/CC-MAIN-20190719115720-20190719141720-00478.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.996347
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Kategorie:Etniese groepe in Argentinië
Jump to navigation
Jump to search
Wikimedia Commons bevat media in verband met Ethnic groups in Argentinia. |
Bladsye in kategorie "Etniese groepe in Argentinië"
Die volgende 15 bladsye is in hierdie kategorie, uit 'n totaal van 15.
|
<urn:uuid:240f4334-41c0-44f8-a68b-4f468a401acf>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Etniese_groepe_in_Argentini%C3%AB
|
2019-07-19T12:28:00Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526237.47/warc/CC-MAIN-20190719115720-20190719141720-00526.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.994548
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Francois van Coke
Francois van Coke | ||
---|---|---|
Geboortenaam | Francois Badenhorst | |
Geboorte | 18 September 1980 Brakpan | |
Beroep(e) | Sanger, liedjieskrywer | |
Instrument(e) | Kitaar | |
Aktiewe jare | 2003–huidig | |
Assosiasies | AS180[1] A Guy Called Gerald New World Inside Fokofpolisiekar Van Coke Kartel Karen Zoid | |
Musiekportaal |
Francois Badenhorst (*18 September 1980; Brakpan, Transvaal), is ’n Suid-Afrikaanse sanger, liedjieskrywer en stigterslid van die Suid-Afrikaanse alternatiewe rockgroepe Fokofpolisiekar en Van Coke Kartel. In 2016 het Van Coke sy debuutsolo-album vrygestel.
Van Coke het in Bellville, Wes-Kaap grootgeword. Daar het hy onder andere deelgeneem in die hoërskole se battle of the bands -kompetisies waar hy opgetree het as voorsanger. Van Coke se sterk Christelike opvoeding (sy pa was ’n dominee) het hom gelei tot die totstandkoming van die Christelike musiekgroep AS180. Van Coke het homself in die Bellville se ondergrondse musiekbedryf gevestig met die stigting van die groep “A Guy Called Gerald”. Hierdie groep het later hul naam verander na “New World Inside” wat ’n sterk pop-punk-invloed gehad het. In 2003, met die stigting van die bandgroep Fokofpolisiekar behaal Van Coke landswye bekendheid en herdoop homself na “Francois van Coke”. Die groep is aanvanklik begin as ’n grap om die konserwatiewe Afrikaanse gemeenskap te skok. Van Coke herinner hom dat sy “… ma het gehuil vir ’n dag of twee toe sy die naam van die groep gehoor het”.[1]
Verwysings[wysig | wysig bron]
- ( Flowerday, Wayde. ) "Onderhoud: Francois van Coke". Music Review. Besoek op 16 Julie 2014.
|
<urn:uuid:6482dffe-1e86-430e-89aa-082d208cd4fc>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Francois_van_Coke
|
2019-07-20T20:11:46Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526670.1/warc/CC-MAIN-20190720194009-20190720220009-00318.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999932
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Bespreking:Swangerskap
Jump to navigation
Jump to search
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Swangerskap-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. |
Artikelriglyne
Daaglikse bladtrekke | |
Aborsiewette[wysig bron]
Die beeld se onderskrifte onder die afdeling Aborsie blyk verkeerd te wees - ek kan nie onmiddellik vasstel watter kleure by watter byskrifte behoort nie. Adriaan Joubert (kontak) 21:17, 24 Julie 2012 (UTC)
|
<urn:uuid:a534bed7-b858-41eb-878f-52d378669a10>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Swangerskap
|
2019-07-19T17:16:09Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526324.57/warc/CC-MAIN-20190719161034-20190719183034-00270.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 1.000004
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Lubbers I-kabinet
Jump to navigation
Jump to search
Die Eerste Minister en minister van Algemene Sake was Ruud Lubbers van die CDA-party gewees.
Die vise-premier was Gijs van Aardenne (ook minister van Ekonomiese Sake) van die VVD-party gewees.
Sien ook[wysig | wysig bron]
Bronne[wysig | wysig bron]
Voorafgegaan deur Van Agt III-kabinet |
Lubbers I-kabinet 1982-1986 |
Opgevolg deur Lubbers II-kabinet |
|
<urn:uuid:5f6aedb2-b7bd-46a2-ae9e-95b722c07b92>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Lubbers_I-kabinet
|
2019-07-18T11:34:09Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525627.38/warc/CC-MAIN-20190718104512-20190718130512-00374.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.998635
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Aurora-nagslang
Aurora-nagslag | ||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Lamprophis aurora | ||||||||||||||
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||||||
Binomiale naam | ||||||||||||||
Lamprophis aurora Linnaeus, 1758 |
Die Aurora-nagslang (Lamprophis aurora) is 'n nie-aggressiewe wurgslang wat in Suid-Afrika aangetref word. Die slang is hoofsaaklik snags aktief en kan uitgeken word aan die kenmerkende geel-oranje streep op sy rug.
Lamprophis aurora kan tot 'n maksimum lengte van 90 cm groei, maar korter lengtes rondom 60 cm is meer algemeen. Onvolwasse slange lyk op die kousbandjie en het 'n opvallende oranjebruin kleur, wat verdonker tot olyfgroen namate hulle ouer word.
Die slang word aangetref op die grond in grasvelde, beboste kusgebiede en fynbosgebiede; hulle waag dit nie in bome nie. Hulle word ook naby mense se wonings aangetref. Die slang se gewildheid as troeteldier, wat beteken dat dit in isolasie aangehou word, asook stedelike uitbreiding en boerebedrywighede vorm 'n bedreiging vir die slang. Natuurlike bedreigings sluit ander slange en roofvoëls in.
Volwasse Aurora-nagslange eet hoofsaaklik klein knaagdiere, terwyl jong slange se dieet tot akkedisse beperk is.
|
<urn:uuid:33921f87-7f3c-4c99-beb7-e900066419bf>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Aurora-nagslang
|
2019-07-19T21:17:39Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526359.16/warc/CC-MAIN-20190719202605-20190719224605-00038.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999799
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Kleinbosch-begraafplaas
In die Kleinbosch-begraafplaas (ook bekend as die Du Toit-begraafplaas) by die Paarl lê Hugenote en bekende afstammelinge van Hugenote begrawe. Dit lê tussen koejawelboorde op die plaas Kleinbosch (tans Augusta Kleinbosch) aan Kleinboschweg in Daljosafat. In die begraafplaas is ‘n gedenkteken vir die lede van die Genootskap van Regte Afrikaners, naamlik ds. S.J. du Toit, sy ouer broer D.F. du Toit (oom Lokomotief), P.J. Malherbe, G.J. Malherbe, D.F. du Toit (Danie Dokter), S.G. du Toit, C.P. Hoogenhout en ds. August Ahrbeck.
Ds. Du Toit, D.F. du Toit (D.F. seun) en P.J. Malherbe lê hier begrawe. Ook is hier die grafte van Martha, die suster van Piet Retief, die skrywer D.P. du Toit en die grondlegger van die moderne wynbou in Suid-Afrika en bekend om pinotage-wyn, Abraham Izak Perold. Die begraafplaas is reeds in 1692 deur die Hugenote-stamvader Francois du Toit op sy plaas aangelê. In 1942 is die begraafplaas tot monument verklaar. Op hierdie plaas is ook die historiese Gedenkschool der Hugenoten.
|
<urn:uuid:de060e7b-0fd8-4168-a63e-27b33d9b0d4b>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Kleinbosch-begraafplaas
|
2019-07-19T20:58:42Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526359.16/warc/CC-MAIN-20190719202605-20190719224605-00038.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999593
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Gordeldier
Gordeldiere, ook bekend as armadille, (Dasypodidae) is die enigste soogdiere wat beenpantser in hul vel besit; "armadil" is afkomstig van die diere se Spaanse benaming, "armadillo", wat "klein gepantserde een" beteken. Gordeldiere is versprei oor Midde- en Suid-Amerika en woon in verskeie habitats. Die negebandgordeldier (Dasypus novemcinctus) is die enigste spesie wat sy woongebied tot Noord-Amerika uitgebrei het, in die suidooste van die Verenigde State. Merkwaardig van negebandgordeldiere is dat die wyfie telkens die lewe aan 'n geneties-identiese vierling skenk.
Gordeldiere | ||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||||||
Families | ||||||||||||||
Inhoud
KlassifiseringWysig
In die verlede was gordeldiere o.a. saam met die miervreters (familie Myrmecophagidae) en luiaards (familie Bradypodidae) in die orde Edentata ("tandarmes") geklassifiseer, omdat hierdie diere nie snytande of kiestande sou hê nie (of slegs sleg ontwikkelde kiestande het). Daar is later ontdek dat hierdie orde ongeldig is, aangesien min van hierdie families in werklikheid dieselfde gemeenskaplike voorouer gedeel het. Vandag word gordeldiere as die enigste oorlewende familie van die gordeldieragtiges, die orde Cingulata, beskou. Daar is altesaam 21 spesies in agt genera.
Die eerdere benaming, "Edentata", is ook in 'n ander opsig foutief en is as gevolg van 'n vergissing deur die Franse wetenskaplike Georges Cuvier: in teenstelling tot sy aanname het gordeldiere baie tande. Die reuse-gordeldier het die meeste tande van alle landsoogdiere, ongeveer 100.
Die Dasypodidae is 'n ou familie: Utaetus, een van die eerste gordeldiere, het tydens die Eoseen gelewe en baie op die huidige soorte gelyk.
VoorkomsWysig
'n Gordeldier kan maklik herken word aan sy gepantserde vel. Hierdie beenpantser bestaan uit verskeie, veelhoekige plaatjies wat bymekaar pas en by die kop, skouers en onderste deel van die rug aaneengevoeg is tot 'n onbeweeglike skild. Die plaatjies tussen die kop- en bekkenskild is in geordende rye gerangskik, wat op gordels lyk. Hierdie gordels of bande is los van mekaar, wat beweeglikheid verseker. Die diere se pensvel is met hare bedek en bevat baie minder beenplate, wat op onreëlmatige wyse gerangskik is. Afhangende van die spesie, kan die ledemate en die stert minder of meer bepantser as die res van die liggaam bevat. Die beenplate word met horingagtige skubbe bedek en by sommige spesies kan borselhare waargeneem word, wat tussen die skubbe uitsteek.
Die kleinste spesie, die gordelmol (Chlamyphorus truncatus), weeg minder as 100 gram, terwyl die grootste soort, die reusegordeldier (Priodontes maximus) tot 1,5 m lank kan wees en meer as 60 kg kan weeg. Alle gordeldierspesies besit 'n beenpantser in hul vel en is almal insektivore. Meeste spesies sluit ook ander voedsel in hul dieet in, soos klein gewerweldes, eiers, paddestoele en vrugte.
VoortplantingWysig
Daar is nie baie bekend oor die voortplantingsgewoontes van gordeldiere nie: sommige spesies, soos die negebandgordeldier en die behaarde gordeldier is al bestudeer, terwyl daar weer geen inligting oor die reusegordeldier of Middel-Amerikaanse kaalstertgordeldier beskikbaar is nie. Uit die inligting wat wel beskikbaar is, blyk dat gordeldierwyfies oor die algemeen 'n reuk afgee wat aan die mannetjie duidelik maak wanneer sy begin met ovulasie. Die mannetjies van sommige spesies sal tydens die broeiseisoen digby sy gekose wyfie bly om seker te maak dat geen ander mannetjie met haar paar nie en sodat hy naby is wanneer sy gereed is.
Die pasgebore gordeldiertjies se pantser is sag en word harder namate hulle ouer word. Die moeder speen die kleintjies, terwyl dit blyk dat die vader geen verdere rol speel nie. Met nege maande is meeste gordeldierspesies geslagsryp.
Die negebandgordeldier het 'n ongebruiklike voortplantingstelsel; die wyfie skenk telkens aan vier genetiese identiese kleintjies gebore. (Sien ook Wetenskaplike belang.)
GedragWysig
Gordeldiere het 'n springrefleks, wat maak dat hulle byna loodreg in die lug spring. Meeste gordeldiere wat deur motors raakgery word, sterf nie as gevolg van die aanvanklike botsing nie, maar spring dan teen die kar se onderkant wat noodlottige wonde kan veroorsaak. Dis nie duidelik hoekom die diere hierdie refleks het nie.
Gordeldiere is nagdiere en slaap oordag in gate of tonnels wat hulle self grou. Hierdie gate kan tot 7,5 m diep wees en word baie vinnig gegrou, terwyl die dier nouliks stop om asem te haal; gordeldiere kan tot 15 minute lank ophou met asemhaling, te danke aan gestoorde lug in hul lugpyp. 'n Gordeldier kan tot 20 tonnels in sy tuisgebied hê – 'n area van ongeveer vier hektaar. Hulle tonnels kan verskeie nooduitgange bevat.
Die tonnels word met verskeie ander diere gedeel: buidelrotte, stinkdiere, katoenrotte, graafuile en selfs ratelslange en katoenstertkonyne kan in die tonnels gevind word.
SpesiesWysig
Onderfamilie Dasypodinae
Onderfamilie Euphractinae
Onderfamilie Tolypeutinae
NegebandgordeldierWysig
Die negebandgordeldier (Dasypus novemcinctus) is die bekendste van die gordeldiere en het 'n relatief sagte pantser. Ondanks sy naam kan hierdie dier egter enigiets tussen agt en elf gordels besit. 'n Volwasse negebandgordeldier is tussen 40 en 50 cm lank en het 'n gemiddelde massa van 6 kg. Hulle het lang ore met 'n spits snoet; hulle sterte en ledemate is oortrek met pantserbeen. Die negebandgordeldier grou eenvoudige gate met sy groot kloue, wat hy sal deel met ander negebandgordeldiere van dieselfde geslag. Hierdie diere se dieet bestaan hoofsaaklik uit miere, akkedisse, klein slange, insekte, slakke en eiers.
Die negebandgordeldier het 'n aantal miljoen jaar gelede in die Verenigde State voorgekom, maar het ongeveer vyf- tot tienduisend jaar gelede verdwyn. In 1854 het die dier weer sy verskyning in Texas gemaak en is vandag van Suid-Carolina en Florida in die Ooste tot selfs Nebraska in die noorde versprei. Die spesie word egter steeds veral met Texas geassosieer en is 'n gewilde dier daar, as gevolg van sy voorliefde vir miere. Hierdie gordeldier geniet die grootste verspreiding van al sy familielede en word suid so ver as Noord-Argentinië aangetref.
Reuse- en kaalstertgordeldiereWysig
Die reuse-gordeldier (Priodontes maximus, vroeër Priodontes giganteus) is, soos sy naam aandui, die grootste van die huidige gordeldiere en kan tot 150 cm lank word en weeg gemiddeld 28 kg. Uitgestorwe gordeldiere wat in die Tersiêre tydperk gelewe het was egter steeds groter: die uitgestorwe reusegordeldiere (genus Glyptodon) kon so groot soos 'n renoster word, maar het geen verwantskap tot die huidige gordeldiere nie. Vrese dat die reuse-gordeldier se kloue groot skade aanrig wanneer hy soek na termiete het deels daartoe gelei dat die dier oor hul hele verspreiding in die oostelike dele van Suid-Amerika bedreig word.
Kenmerkend van die kaalstertgordeldiere is dat hulle sterte geen pantser het nie, vandaar die idiomatiese benaming van hierdie genus. Die grootste van die kaalstertgordeldiere, die groot kaalstertgordeldier, se verspreidingsgebied is byna so groot as dié van die negebandgordeldier, maar sy bevolkings is baie kleiner. Nes die reuse-gordeldier het hy ook sterk graafkloue aan sy voorpote en lewe hy ook van termiete.
BolgordeldiereWysig
Die beskrywende naam van hierdie soort, wat tot die genus Tolypeutes behoort, dui op die diere se vermoë om hulself in 'n volmaakte bol te rol; 'n posisie waarin hulle byna geheel en al onkwesbaar is, behalwe deur aanvalle van die jaguar. Hierdie diere staan ook as "bolitas" bekend, 'n Spaanse benaming wat "klein bal" beteken. Daar is slegs twee spesies bolgordeldiere en hulle verspreidingsbied grens aan mekaar: die gewone bolgordeldier (T. matacus) word in Suid-Brasilië, Paraguay en Argentinië] aangetref, terwyl die driebandgordeldier (T. tricinctus) veral in die noordooste van Brasilië lewe.
Voor- en nadele vir die mensWysig
Baie boere beskou gordeldiere as 'n pes: hulle grou graag in velde waar gewasse geplant word op soek na insekte om te vreet, wat die gewasse beskadig. Hulle vreet egter byna nooit die gewasse self nie, behalwe vir die negebandgordeldier, wat verskeie gewasse vreet, soos grondboontjies, mielies en spanspek. Terselfdertyd word baie van die insekte wat die gordeldiere vreet ook as peste beskou; voor die bevolkings van die reuse-gordeldier drasties gedaal het, was hulle gebruik om blaarsnyermiere in toom te hou, aangesien hierdie insekte se bevolkings reuse getalle kan bereik (sowat 8 miljoen individuele miere) en gewasse geheel en al kan vernietig. Die Noordelike of Middel-Amerikaanse kaalstergordeldier (C. centralis) is een van min spesies wat nie as 'n pes vir gewasse beskou word nie, alhoewel hulle ook lastige insekte vreet.
Vee trap soms in die gate van gordeldiere, met 'n geswikte enkel of gebreekte been as gevolg, terwyl sommige gordeldiere se tonnels vir 'n swak grondoppervlak sorg, wat dyke en padskouers verswak.
Baie gordeldiere word gejag vir hul vleis en pantser. Die pantser word gebruik om mandjies en sierade te maak wat aan toeriste verkoop word. Verder gebruik inboorlinge van Suid-Amerika die pantser om dakke en grafte te bou. Argentynse inboorlinge gebruik die sterte van sesbandgordeldiere om gereedskap in te dra, terwyl die Boliviaanse behaarde gordeldier se pantser in Bolivia en Chili gebruik word vir musiekinstrumente, sierade, gelukbringers en medisyne vir rumatiek.
Wetenskaplike belangWysig
Gordeldiere wek die belangstelling van wetenskaplikes vir verskeie redes op. Een hiervan is die feit dat wyfies die inplanting van die embrio vir 'n aantal maande kan vertraag en sy tot 20 maande dragtig kan wees – so lank soos 'n olifant. Daar is al aantekening gemaak van 'n wyfie wat drie jaar na die laaste moontlike datum vir bevrugting geboorte geskenk het. Die wyfie van die negebandgordeldier skenk reëlmatig aan vier identiese kleintjies gebore: die embrio, afkomstig van een sel, verdeel in twee en hierdie twee embrios verdeel dan weer in twee. Hierdie vierling het almal dieselfde geslag en is ook geneties identies, wat van besondere waarde vir genetici is.
'n Ander rede is die feit dat die negebandgordeldier een van min diere is wat vatbaar vir besmetting deur die staafdiertjies van melaatsheid is. Alhoewel die staafdiertjie, of basil, reeds meer as 'n eeu gelede geïsoleer is, het geen wetenskaplike tot dusver daarin geslaag om dit uit 'n kultuur te kweek nie en alle monsters is van menslike pasiënte afkomstig. Die Wêreldgesondheidsorganisasie het jare lank 'n gordeldierkolonie aangehou as 'n bron van die staafdiertjies, om eksperimente uit te voer wat moontlik tot 'n nuwe entstof kan lei: die middels wat tans gebruik word om die siekte te veg dui daarop dat hulle al hoe minder effektief word, aangesien die siekte besig is om immuun teen die middels te raak.
GevareWysig
Buiten die mens, het die gordeldier byna geen natuurlike vyande nie. In die verlede is gordeldiere uitgeroei omdat daar geglo was dat hulle die neste van grondvoëls vernietig het; navorsing het bewys dat hierdie nosie vals is. Verder word die dier se dop gebruik om mandjies te maak wat aan toeriste in Texas verkoop word.
Die gordeldier vorm ook deel van die dieet van die inwoners van Latyns-Amerika .
BronnelysWysig
Wikimedia Commons bevat media in verband met Gordeldiere. |
- Gordeldiere in Wêreldspektrum, volume 11. 1983 Ensiklopedie Afrikana: (EDMS) BPK.
- Armadillos in Altruistic armadillos, zenlike zebras, deur Jeffrey Moussaieff Masson. 2006; Ballantine Books: New York.
- Armitage, D. and P. Myers. 2004. "Priodontes maximus" (aanlyn), Animal Diversity Web. Verkry op 1 Februarie 2010.
- McDonald, K., J. Larson and P. Myers. 2009. "Dasypus novemcinctus" (aanlyn), Animal Diversity Web. Verkry op 1 Februarie 2010.
- Abbott, S. 2002. "Chaetophractus villosus" (aanlyn), Animal Diversity Web. Verkry op 1 Februarie 2010.
- Patton, P. and S. Frost. 2009. "Dasypus hybridus" (aanlyn), Animal Diversity Web. Verkry op 1 Februarie 2010.
- Ellis, E. 1999. "Tolypeutes matacus" (aanlyn), Animal Diversity Web. Verkry op 1 Februarie 2010.
- Frostic, A. 2002. "Chaetophractus nationi" (aanlyn), Animal Diversity Web. Verkry op 1 Februarie 2010.
- Chang, J. 2000. "Cabassous centralis" (aanlyn), Animal Diversity Web. Verkry op 1 Februarie 2010.
- Zajic, L. and P. Myers. 2006. "Cabassous tatouay" (aanlyn), Animal Diversity Web. Verkry op 1 Februarie 2010.
- Porrett, M. 1999. "Chaetophractus vellerosus" (aanlyn), Animal Diversity Web. Verkry op 1 Februarie 2010.
|
<urn:uuid:51865e22-aa30-477b-85bb-91c55d05e863>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Gordeldier
|
2019-07-22T08:40:07Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527828.69/warc/CC-MAIN-20190722072309-20190722094309-00454.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999958
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Charlene, Prinses van Monaco
Charlene, Prinses van Monaco (gebore as Charlene Lynette Wittstock; geboortedatum: 25 Januarie 1978) is die Prinses van Monaco en die vrou van Albert II, Prins van Monaco. Sy is ook 'n voormalige rugslagswemmer en lid van die Suid-Afrikaanse Olimpiese swemspan.
Charlène, Prinses van Monaco | |
---|---|
Prinses van Monaco | |
Naam | Charlene |
Volle naam | Charlene Lynette Grimaldi, gebore Wittstock |
Titel | Haar Deurlugtige Hoogheid die Soewereine Prinses van Monaco |
Gebore | 25 Januarie 1978, Bulawayo, Rhodesië (Zimbabwe) |
Voorganger | Prinses Grace van Monaco |
Eggenote | Albert II van Monaco |
Huis | Grimaldi (Deur die huwelik) |
Vader | Michael Kenneth Wittstock |
Moeder | Lynette Humberstone Wittstock |
Kinders | Prinses Gabriella en Prins Jacques (tweeling) |
Sy is in die Rhodesiese (die huidige Zimbabwe) stad Bulawayo gebore as dogter van Michael Kenneth Wittstock, eienaar van 'n rekenaarmaatskappy, en Lynette Humberstone, 'n voormalige kompetisieswemmer. In 1989 verhuis sy en haar familie na Suid-Afrika. Sy is van Duitse, Engelse en Ierse afkom. Charlene praat minstens drie tale: Afrikaans, Engels en Frans.
As swemmer neem sy aan die Olimpiese Somerspele van 2000 in Sydney deel, waar sy met die Suid-Afrikaanse aflos in die 4x100m wisselslag in die vyfde plek eindig. Sy behaal ook verskeie nasionale titels.
In 2000 leer sy prins Albert van Monaco tydens die Monaco Grand Prix ken. Sedert 2006 het hulle 'n verhouding en op 23 Junie 2010 is die twee amptelik verloof. Die burgerlike huwelik is op 1 Julie 2011 deur Philippe Narmino, die voorsitter van die Monegaskiese Raad van State, voltrek. Die kerklike huwelik vind op 2 Julie 2011 in die binnehof van die prinslike paleis plaas. Die mis is deur aartsbiskop Bernard Barsi van Monaco gelei. Sedert haar huwelik staan sy amptelik as Haar Deurlugtige Hoogheid Prinses Charlène van Monaco bekend, 'n titel wat laas deur Albert se moeder, prinses Grace Kelly, gedra is.
|
<urn:uuid:11e2cc90-a603-46c3-b032-e45fa0808090>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Charlene,_Prinses_van_Monaco
|
2019-07-16T05:54:58Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524503.7/warc/CC-MAIN-20190716055158-20190716081158-00542.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999195
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Belcanto
Belcanto (dikwels ook los geskryf as bel canto, afgelei van die Italiaanse bel canto "prag-gesang"[1]) verwys na 'n uitdagende sangvorm wat teen die begin van die 17de eeu in Italië saam met monodie (solistiese vokale musiek) en opera ontstaan het. Tot omstreeks 1840 was belcanto die gewildste tegniek vir sangkuns in Europese operahuise. Belcanto word ook as sambreelterm vir Italiaanse operakomposisies in dié tydperk gebruik.
Hoofkenmerke vir suiwer belcanto-sangtegniek is 'n suiwer toon of vokale timbre en fyn legato-frasering wat besondere stemmanipulasie verg.[2]
Verwysings[wysig | wysig bron]
- Beeld, 1 Maart 2012: Rossini se prag-styl in CD-sprankel. Besoek op 1 Mei 2016
- Beeld, 1 Maart 2012
|
<urn:uuid:c6d1452b-fdf2-48ab-833f-95d13e0ad7e7>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Belcanto
|
2019-07-21T06:52:22Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526931.25/warc/CC-MAIN-20190721061720-20190721083720-00086.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999993
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Bengaalse Wikipedia
Jump to navigation
Jump to search
Bengaalse Wikipedia | |
---|---|
Tipe webblad | Wiki |
Taal(e) | Bengaals |
Registrasie | Opsioneel |
Eienaar | Wikimedia Stigting |
Opgerig | 27 Januarie 2004 |
Huidige status | Aktief |
URL | bn.wikipedia.org |
Statistiek[wysig | wysig bron]
Die Wikipedia het tans 674 573 bladsye, waarvan 70 111 artikels is. Dit het 234 857 geregistreerde gebruikers, waarvan 1 528 as aktief gereken word. Hierdie gebruikers het in totaal 3 547 413 wysigings aangebring en 6 161 lêers opgelaai.
|
<urn:uuid:5dc3cb37-3b67-42a0-9afa-fa0bba8392bf>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bengaalse_Wikipedia
|
2019-07-17T15:21:27Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525312.3/warc/CC-MAIN-20190717141631-20190717163631-00470.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.994064
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
rooster
Jump to navigation
Jump to search
Inhoud
Enkelvoud | Meervoud |
---|---|
rooster | roosters |
Verkleiningsvorm | |
Enkelvoud | Meervoud |
roostertjie | roostertjies |
- roos•ter
- 'n Traliewerk van metaal (waarop vleis o.a. gaargemaak kan word).
- Werksprogram; tabel met tye wanneer bepaalde aktiwiteite aangebied word.
- Maak die rooster skoon sodat ons kan braai.
- Volgens die rooster moet ons nou in die wiskundeklas wees.
Vertalings: | |||
---|---|---|---|
Tydvorm | Persoon | Woordvorm |
---|---|---|
Teenwoordige Tyd | ek | rooster |
Verlede Tyd | ek | het gerooster |
- Op kos op 'n rooster gaar te maak.
- Kom ons rooster 'n vleisie.
Vertalings: | |||
---|---|---|---|
- Sien Wikipedia vir meer inligting oor rooster.
Enkelvoud | Meervoud | |
---|---|---|
Naamwoord | rooster | roosters |
- IPA:
- (Amerikaans:) haan
- (Brits:) cock
|
<urn:uuid:6a0d750d-00ff-40d8-b4ab-ca369426a05f>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wiktionary.org/wiki/rooster
|
2019-07-18T21:45:29Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525829.33/warc/CC-MAIN-20190718211312-20190718233312-00166.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.997635
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Bespreking:SPI Switserse Prys-Indeks (Aandele)
Jump to navigation
Jump to search
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die SPI Switserse Prys-Indeks (Aandele)-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. |
Artikelriglyne
Daaglikse bladtrekke | |
|
<urn:uuid:42c8d1fb-c8db-4960-b1c5-bdabf1312423>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:SPI_Switserse_Prys-Indeks_(Aandele)
|
2019-07-16T10:25:36Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524522.18/warc/CC-MAIN-20190716095720-20190716121720-00430.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999926
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Bespreking:Giric
Jump to navigation
Jump to search
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Giric-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. |
Artikelriglyne
Daaglikse bladtrekke | |
|
<urn:uuid:732c3f70-b158-465a-b57d-b2aad423321c>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Giric
|
2019-07-23T22:35:21Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529737.79/warc/CC-MAIN-20190723215340-20190724001340-00414.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999988
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Luiperd Seks:
Dit was die aand gewees toe die seerowers die laaste bar stroop van enige goedkoop drank en met vuil kaalvoete die teël vloer laat glinster. Die bands het vanaand een groot organisme van musos geword en jong “nuwe vriende” kry ‘n kans om aan mekaar te vat in die openbaar. Twee aantreklike gladde jong pare bene kom te voorskyn met deals en smiles. Ek dink breakfast was op my for reasons unknown. ‘n Luiperd met seks in haar oë gluur van duskant die bar my kant toe, haar zoom lens verleng tot 300mm en is geheg aan ‘n Canon se body. Die goue strings speel en oordonder die ligte flirtatious speletjies waarmee ek tans besig is. Dié keer is dit Hillbilly Blues met harde simbale en rokkies wat hoog opgetrek word om lekkerder te kan dans. “Who gave these animals booze?!” vra Beer langs my. Ek dink hy quote Fear and Loathing in Las vegas. Die “fear” het vinnig gesmelt toe die eerste dosyn bottels Jagermeister opraak. Nog was vinnig gevind en soos die bottels ‘n krummelpad na ons sanity agterlaat het die twee busse die donker pad voor ons ontdek.
A flash of lights:
Dit lyk vanaand soos strobe ligte op die band met al die kamera flashes wat afgaan. Dis dalk omdat Parow en Poes het albei vanaand opgedaag en ons is verseker dat almal, minstens almal op facebook, altyd vanaand sal onthou. Dalk nie. Nog een van die Feme Fatale Killer Kids gly in langs my met sales skills straight van MK en tune fok Parrow ek love Les-Misrable . “Ja” sê ek. “Die soundtrack is moving, ek love soundtracks”. “Nee” sê sy sonder a oogwink of ‘n smile. “Ek praat nie van die movie nie, dit was kak”. Gelukkig arriveer my Heineken voor haar … something, maar dit was versker soet en soos ek weg slidder met ‘n koue bier, I just think to myself, thank God. Die polisie wag buite vir ons and there would be no way to explain my way out of her. Hunters Extreme word met whiskey gemeng en Extreme Whiskey hernoem. Nou wel nie die mees oorspronklike titel nie, is dit maklik om aan ‘n potensiële drinker te verduidelik. Vanaand se aan-die-slaap-raak-playlist word deur die bus drywer se foon via FM getransmit en speel deur Mariah Carey se bestes tot by iets nuuts en nie te kak van Eminem en hoewel ek nie met sekerheid kan se nie dink ek R kelly was ook iewers in die rook wolke.
Hoe om ‘n horror movie te maak:
Daar is ‘n klomp welbelese gypsies wat saam toer en die gehoor maak uit-rock tot die punt waar ons eintlik ape in mensklere is. Die meisie in die rok dans teen so ‘n pas my spiere word simptomaties moeg. Sy verskyn en verdwyn die heeltyd soos die prinses in die poel storie. Ek en JC, die inventor, chat oor robot karretjies wat sakkies zol kan aflewer automagically. Thank God for Google Maps. Daar is heavy dudes wat nie wil hê ons moet drink nie om rede, een of ander Doos vat die Sisteem heeltemal te ernstig op. Toe maak die bottel stoor by die straat net verder op baie geld. Die 4 laaste sakkies whiskey (die brandy was al uitverkoop) kos R20, Premixed Klippies en Cola maak 3 drinks met net 2 botteltjies en ek voel asof ek elke keer iets wen! Een so ‘n drankie word oorhandig aan ‘n mooi gesig met arctic blou oë. Sy share die back drop van haar BB, dis ‘n buddy se guitar. Ek dink dit was ‘n ou guitar maar befok en blou. Teen dié tyd praat ons oor passion en hare is meeeeeusiek, soos sy dit noem. Haar blou oë raak my siel soos Stimrol kou en dan moet jy jou asem in suig. Sy staan aleen met ‘n vol, non-alkaholiese drankie teen die groot saal se bruin muur soos die soon to be queen van Hartenbos. Hartenbos mense gaan apparently weg vir Desember-vakansie, dalk na Johannesburg se Sandton City: “Eintlik ‘n regte mall!” en “‘n moerse Woolworths”. Ek is verbaas om te sien hoe vinnig die Champagne verdwyn maar min gespin oor die ever present cops en ons cheers met plastiek glase tot booze. Oppad terug na die musiek golwe val ‘n meisie rond en moet gedra word deur twee ouens. Unlucky for her. Dis wat gebeur as jy iets lekkers illegal maak. Ons freak uit en soek meer. ‘n Klein brunette het van staande posisie na iets wat lyk soos dooie liggaam posisie nommer 14 in ‘n oogwink in gefrommel. ‘n Oomblik na haar kop die vloer tref gaan al die ligte in die huis af, total darkness. No jokes, horror movie steil. Haar vriendin is bekommerd en wonder of dit moontlik is dat sy in haar slaap kan blackout. Inception comes to mind, wens ek het ‘n tol gehad.
Tegnies gesproke:
Op die laaste dag by Bilton Wine Estate waar die tenant nie gelaaik het dat daar ‘n klomp wit skollies op sy mooi gesnyde grasperk lê nie, maak Deon die Gourmet Guru ‘n bak vleis om heeldag aan te peusel. Dis patties met garnish, wortel slaai en ‘n uie-en-tamatie mix. Dit red ons lewens. Die weer trek oop soos almal uit hulle tente strompel en die swembad word die fokus van genot. Ek is seker as ‘n groep het ons al in meeste water ligame geswem. Bruce het een koue oggend na die strand toe gemission om in die see te swem. Ons doen dit in plaas van stort. Daar is ‘n bottel Old Oak, ‘n brandy wat gemaak is van al die ander kak van ander brandys wat in die bus rond toer. Skoon, soet met ‘n serious after burn stuur SinJin sy dronkmaak sap rond met ‘n oopmond glimlag en oë wat in sy kop rond bobbel. Dis wat ons doen in plaas van slaap. Ek hoor weer nie guitare nie die jamming sessions word ‘n tegnieise gesprek oor wat die verskil is tussen die lead guitarist in elke band. In die agtergrond kreun ‘n lame Greenday liedjie wat kortliks gevolg word deur nog ‘n soft-cock-rock single - ek dog dis ‘n rock toer! Die bus wieg heen en weer en die mis reën wat ons al goed ken maak die voorruit moeilik om deur te sien. Ek wonder waar ek vanaand gaan uitpaas.
Rasta en Steve
Rasta Jacob glo in revolution want Julias Melama, die tweede grootse naam na Steve Hoffmeier, is die nuwe AWB. Hy sal weet, hy het op Klerksdorp groot geword en die hele area om hulle is ‘n AWB stronghold. In Sandbaai lyk dit of twee ouens wil boks, een verloor sy klere en die ander rol perongeluk deur ‘n plassie kots en na ‘n klompie kamera flashes en meisies wat of giggel of iets murmeer soos “tiepies” eindig die skirmish eweskielik. Daar is ‘n dude met ‘n spier-wit tracksuit aan wat gevolg word deur nog ‘n ou met ‘n video camera. Hulle praat met van die musos backstage en duiwels begin toe vluister. Sy wit tracksuit staan uit teenoor die donker agtergrond wat onder beligging en rock bands se klere keuses skep. Daar is ‘n klomp mense wat nie op die toer drink nie. Verras en dalk ‘n bietjie ongemaklik met die wete dat so ‘n persoon gaan onbesope sien hoe ek my mens klere uit trek. Die transition is soms nogal afgryslik en ek voel dis cheating…”why do you get to watch…?” Dis 4 am en musos dra swaar equipment na karre en vans alweer oppad. Die langpad le voor en as hulle lucky is crash hulle ‘n paar dae by die huis. In die vans werk vingers met gemak aan guitaar snare en jazz sigarete sodat die “state of eternal happiness” net sal “stick around till we done with the joint.” Daar is ‘n victorian girl wat behoort in Alice in Wonderland land. Ek dink die Haas het haar verly want sy’s ver van wonderland af… dis mal hier dude!
All photographs where taken on the tour with a Nikon F90.
Also on: DPK
|
<urn:uuid:950c7ce4-f6f1-4af2-bdac-cec656bffaa7>
|
CC-MAIN-2019-30
|
http://www.jozuamalherbe.co.za/work/2011/04/16/avontoer-5/
|
2019-07-17T17:26:43Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525355.54/warc/CC-MAIN-20190717161703-20190717183703-00222.warc.gz
|
cc-unknown
| null |
a_tag
| false
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999951
|
{
"abbr": [
"cc-unknown"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
false
],
"location": [
"a_tag"
],
"version": [
null
]
}
|
The Children's Book
Outeur | A.S. Byatt | |
Land | Verenigde Koninkryk | |
Taal | Engels | |
Genre | Roman | |
Uitgewer | Chatto & Windus | |
Uitgegee | 2009 | |
Medium | Druk (gebind & sagteband) | |
Bladsye | 675 | |
ISBN | 978-0-7011-8389-9 | |
The Children's Book is 'n roman van A.S. Byatt wat die eerste keer in 2009 gepubliseer is. Dit volg die avonture en verhoudings van 'n verskeidenheid interafhanklike families, volwassenes en kinders, vanaf 1895 tot en met die Eerste Wêreldoorlog.
Hierdie roman is in 2009 vir die Booker-prys gekortlys.
|
<urn:uuid:b679401e-42e9-4cab-99a6-486cb95e4b29>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/The_Children%27s_Book
|
2019-07-18T22:10:46Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525829.33/warc/CC-MAIN-20190718211312-20190718233312-00382.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.998483
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Bespreking:Geneeskunde
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Geneeskunde-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. |
Artikelriglyne
Daaglikse bladtrekke | |
Henry,
Skep gerus 'n rekening - dit sal dit maklik maak om direk met jou te kommunikeer. (Jy sal jou eie besprekingsbladsy hê waar ons maklik sal kan boodskappe los. Verder sal al jou wysigings outomaties met jou gebruikernaam gekoppel word. Kyk gerus na enige bladsy se "ouer weergawes". Vir baie volledige hulp, sien gerus en:Wikipedia:How to edit a page of die Nederlandse nl:Help:Uitleg. Dis ook nie nodig om opskrifte met hoofletters te maak nie - die sagteware formatteer self die opskrifte volgens belangrikheid. Hoop dit help al bietjie. Groete, Alias 21:21, 22 Mrt 2005 (UTC)
Bronnelys[wysig bron]
Meeste van die bronne is nie (meer?) toeganklik nie. Is dit korrek ingetik? --Alias 21:54, 22 Mrt 2005 (UTC)
Henry, kan jy ons versekering gee dat hierdie goeters nie bloot oorgetik is of direk vertaal is vanuit jou bronne nie? As ons nie jou bronne het nie, kan ons dinge nie nagaan nie. Hierdie kan uitstekende bydraes wees, maar ons moet seker wees dat hierdie in die haak is wat kopiereg betref. Dit moet dus jou eie werk wees. My vraag is bloot in belang van die projek. --Alias 22:23, 22 Mrt 2005 (UTC)
Stukkende eksterne skakel[wysig bron]
During several automated bot runs the following external link was found to be unavailable. Please check if the link is in fact down and fix or remove it in that case!
- http://www.e-orthopaedics.com/loadtran/index.htm (archive)
|
<urn:uuid:768bdcb9-9b75-4ce4-ad8e-73a94a3b7221>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Geneeskunde
|
2019-07-21T11:50:11Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00262.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999949
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Profesie
Profesie is die verkondiging van godsdienstige voorspellings deur persone wat hulself as die gestuurdes van 'n godheid beskou. Profete (afgelei van die Oud-Griekse pro-phetes "voorspreker", "afgesant") legitimeer hul verkondiging – in teenstelling met rasioneel gebaseerde voorspellings en waarseggings – met 'n spesifieke opdrag wat 'n godheid aan hulle gegee het. Hulle maak daarop aanspraak dat hulle hierdie opdrag deur intuïsie of 'n visie ontvang het om dit in die openbaar te verkondig.
Profesie is 'n bekende en ingewikkelde fenomeen wat hoofsaaklik uit die Ou Nabye Ooste oorgelewer is en waardeur veral die Abrahamitiese monoteïstiese godsdienste gekenmerk word.[1] Profesieë is aanvanklik mondeling bekend gemaak, maar later in baie gevalle opgeteken om aan latere geslagte oorgedra te word. Hulle fokus nie slegs op toekomstige gebeure nie, maar oefen dikwels ook kritiek aan die verlede of teenswoordige tyd van hul adressate. Na enkele voorspellings van 'n profeet word as profesie, voorspelling of belofte verwys.
Profete in verskillende godsdiensteWysig
- Abraham vir die Abrahamitiese religie (ca. 20ste eeu v.C.).
- Zoroaster vir die Zoroastrisme (ca. 18de tot 17de eeu v.C.).
- Moses vir die Judaïsme (ca. 13de en 12de eeu v.C.).
- Lao-Tse vir die Taoïsme (ca. 6de eeu v.C.).
- Siddhartha Gautama vir die Boeddhisme (ca. 6de eeu v.C.).
- Mahavira vir die Djainisme (ca. 4de eeu v.C.).
- Jesus Christus vir die Christendom (vroeë 1ste eeu).
- Mani vir die Manicheïsme (216 tot 277).
- Mohammed vir die Islam (6de en 7de eeu).
- Guru Nanak Dev vir die Sikhisme (1499–1539).
- Joseph Smith vir die Mormonisme (1830–1844).
- Bab vir die Babisme (1844–1850).
- Baha'u'llah vir die Baha'i-geloof (1853 tot 1892).
Die term word daarnaas soms ook vir die stigters van ander religies gebruik:
VerwysingsWysig
- Hans Küng: Der Islam. München-Zürich: Piper 2004, bl. 166
|
<urn:uuid:ae0f5a80-4ea8-4bb1-91c6-025a014c048a>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Profesie
|
2019-07-17T19:14:53Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525374.43/warc/CC-MAIN-20190717181736-20190717203736-00118.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 1.000002
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
24
Jump to navigation
Jump to search
24 |
◄ | 1ste eeu v.C. | ◄1ste eeu► | 2de eeu | ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:24 |
Kalenders | |
Beeld van Strabo in Amasya | |
Die jaar 24 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 24ste jaar van die 1ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- Keiser Gengshi rig Chang'an in as sy hoofstad.[1]
- Gengshi verleen die titel koning van Hanzhong aan Liu Jia.[1]
|
<urn:uuid:6d1c1927-5a32-41d6-8101-b4d09177a133>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/24
|
2019-07-19T02:25:38Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525973.56/warc/CC-MAIN-20190719012046-20190719034046-00198.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.99996
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Frank Sully
Jump to navigation
Jump to search
Frank Sully | |
Geboorte | 17 Junie 1908 |
---|---|
Nasionaliteit | Amerikaans |
Sterfte | 17 Desember 1975 (op 67) |
Beroep(e) | Akteur |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Frank Sully (17 Junie 1908 – 17 Desember 1975) was 'n Amerikaanse akteur. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente The Doctor Takes a Wife (1940), The Grapes of Wrath (1940), Let's Go Collegiate (1941), en A Girl, a Guy, and a Gob (1941).
Filmografie[wysig | wysig bron]
Rolprente[wysig | wysig bron]
- 1940: The Doctor Takes a Wife
- 1940: The Grapes of Wrath
- 1941: Let's Go Collegiate
- 1941: A Girl, a Guy, and a Gob
- 1942: Inside the Law
- 1944: The Ghost That Walks Alone
- 1945: Boston Blackie Booked on Suspicion
- 1946: A Close Call for Boston Blackie
- 1946: Crime Doctor's Man Hunt
- 1946: The Gentleman Misbehaves
Televisiereekse[wysig | wysig bron]
- 1952: The Files of Jeffrey Jones
- 1952: Footlights Theater
- 1954: Stories of the Century
- 1955: The 20th Century-Fox Hour
- 1956: Alias Mike Hercules
- 1956: Hey, Jeannie!
|
<urn:uuid:6d420a47-092b-43a5-a76e-ff274db0c493>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Frank_Sully
|
2019-07-24T03:00:10Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530250.98/warc/CC-MAIN-20190724020454-20190724042454-00326.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.846394
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Franco Mostert
Jump to navigation
Jump to search
Volle naam | Francois John Mostert | ||||
---|---|---|---|---|---|
Bynaam | Sous | ||||
Geboortedatum | 27 November 1990 | ||||
Geboorteplek | Welkom, Suid-Afrika | ||||
Lengte | 1,98 m | ||||
Gewig | 108 kg | ||||
Skool | Hoërskool Brits | ||||
Universiteit | Universiteit Stellenbosch | ||||
Beroep | Professionele Rugbyspeler | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Slot | ||||
Springbokno. | 872 | ||||
Amateurspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2010–12 | Tukkies | 17 | (20) | ||
Professionele / senior klubs | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2016–2017 2018– |
Ricoh Black Rams Gloucester |
16 0 |
(10) (0) | ||
korrek soos op 16 April 2018. | |||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2012 2013–2015 |
Blou Bulle Goue Leeus |
12 25 |
(10) (30) | ||
korrek soos op 16 April 2018. | |||||
Superrugby | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2014– | Lions | 78 | (20) | ||
korrek soos op 16 April 2018. | |||||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
2016– | Suid-Afrika | 20 | (5) | ||
korrek soos op 16 Junie 2018. |
Franco Mostert (gebore in Welkom op 27 November 1990) is 'n rugbyspeler wat vir die Goue Leeus in die Curriebeker en die Lions in Superrugby speel. Hy maak sy debuut op 18 Junie 2016 vir die Springbokke teen Ierland.
|
<urn:uuid:577aaf8f-8c64-4a6a-b200-3317284d2249>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Franco_Mostert
|
2019-07-16T14:38:03Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524568.14/warc/CC-MAIN-20190716135748-20190716161748-00510.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.94735
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
The Internet Archive discovers and captures web pages through many different web crawls.
At any given time several distinct crawls are running, some for months, and some every day or longer.
View the web archive through the Wayback Machine.
Waarskuwing: u is nie aangemeld nie. U IP-adres sal in die bladsy se wysigingsgeskiedenis gestoor word. As u aanmeld of 'n rekening skep verskyn u wysigings onder u gebruikersnaam, naas andere voordele.
Inhoud wat enige kopiereg skend sal uitgevee word. Ensiklopediese inhoud moet verifieerbaar wees. Gebruik die sandput as u net wil toets. Werk wat op Wikipedia ingevoer word kan (onderworpe aan sekere bepalings en voorwaardes) deur enige iemand gewysig, hergebruik en versprei word.
|
<urn:uuid:be061a41-06b2-4b3d-9cef-ad79850d765a>
|
CC-MAIN-2019-30
|
http://web.archive.org/web/20151026024909/https:/af.wikipedia.org/w/index.php?title=Minorka&action=edit
|
2019-07-17T22:02:16Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525402.30/warc/CC-MAIN-20190717201828-20190717223828-00254.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.99749
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
false
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Gerard Reve
Gerard Kornelis van het Reve (14 Desember 1923 - 8 April 2006) was 'n Nederlandse skrywer. Hy het begin skryf as Simon van het Reve en het later in 1973 die korter skrywersnaam van Gerard Reve (Nederlandsˈɣeːrɑrt ˈreːvə) aangeneem.[1] Saam met Willem Frederik Hermans en Harry Mulisch, word hy beskou as een van die "Groot Drie" (De Grote Drie) van Nederlandse na-oorlogse literatuur. Sy 1981 roman De vierde man (De vierde man) was die basis vir Paul Verhoeven se 1983 rolprent. Hy was gebore in Amsterdam, Nederland, en was die broer van die Slawistieke essayis Karel van het Reve , wat sterk standpunt ingeneem het teen Kommunisme. Die persoonlike verhouding tussen die broers was nie goed nie en hulle paaie het vanaf die 1980's heeltemal geskei.
Reve was een van die eerste homoseksuele skrywers in Nederland om sy status as gay man bekend te maak.[2] Hy het gereeld op eksplisiete wyse geskryf oor erotiese aantrekking, seksuele verhoudinge en seksuele omgang tussen mans, wat baie lesers as skokkend ondervind het. Hy het laasgenoemde egter in 'n ironiese, humoristiese en herkenbare wyse gedoen, wat daartoe bygedra het om homoseksualiteit vir baie van sy lesers meer aanvaarbaar te maak. Een van die ander temas wat hy dikwels aangeraak het, dikwels in kombinasie met erotisisme, was geloof. Reve het self verklaar dat die primêre boodskap in al sy werk, verlossing van die wêreldlike of materiële wêreld waarin ons lewe was.
Inhoud
Temas[wysig | wysig bron]
Sedert die publikasie van Op weg naar het einde (1963) en Nader tot U (1966),, het hy sy oogpunte geartikuleer op die skepping van God en die menslike lot, veral wat betref die groot getalle brieweversamelings wat hy gepubliseer het.
Hierdie skrywes plaas die klem op 'n simboliese, eerder as ("...slegs die blindes...") letterlike begrip van godsdienstige tekste as die enigste intellektueel verantwoordbare een; en die irrelevansie van die evangelie se historiese waarheid. Geloof het volgens Reve niks te doen met letterlike, the feitelike, die morele of die politiek nie. Dit het geen twis met moderne wetenskap nie, omdat godsdienstige waarhede en empiriese feit in verskillende ryke tuishoort. Die waarneembare wêreld het geen betekenis buiten die vergelyking van feite en, terwyl openbaring miskien nie sin mag maak nie, het dit betekenis, en dit is hierdie betekenis wat Reve agterna gejaag het in alles wat hy geskryf het. Op 'n filosofiese vlak was Reve beïnvloed deur Arthur Schopenhauer , wie se werke hy elke Winter herlees het. Hy was volgens 'n Nederlandse skilder wat tyd saam met hom spandeer het in Frankryk om verskeie portrette van hom te skilder , selfs meer beïnvloed deur Carl Jung.[3]
Reve se erotiese prosa handel deels met sy eie seksualiteit, maar poog om iets meer universeel tuis te bring. Reve se werk vertoon dikwels seksualiteit as ritueel. Verskeie van sy tonele vertoon 'n sado-masochistiese karakter, maar dit word nooit as die einddoel nagestreef nie. Revisme , 'n term wat deur Reve homself geskepe is, kan rofweg beskryf word as die inwyding of heiliging van seksuele dade van straf, en die wyding van hierdie dade ten einde andere te vereer, en in die finale instansie; om hoër entiteite (God) te vereer. Dit is weereens 'n soeke na 'n hoër betekenis in 'n menslike daad (seks) wat ontneem is van betekenis in sy materiële vorm.
Styl[wysig | wysig bron]
Sy styl kombineer die formele (in die tipe taalgebruik wat een sal vind in 'n sewentiende eeuse Bybel) met dit wat in die volksmond gebesig word, op 'n baie herkenbare wyse. Op soortgelyke wyse, maak sy humor en dikwels paradoksale siening van die wêreld staat op die kontras tussen verhewe mistisisme en gesonder verstand. Die ironie wat sy werk deurweef en sy geneigdheid na uiterste verklarings het egter gesorg vir verwarring tussen sy lesers. Baie het getwyfel in die opregtheid van sy bekering tot Katolisisme, alhoewel Reve aangedring het op die opregtheid van sy geloof. In die proses het hy staatgemaak op, en sy reg geëis tot die individualistiese begrip van aspekte van geloof en sy persoonlike ervaring daarvan.
Kontroversiële aspekte[wysig | wysig bron]
Reve se literêre loopbaan was deurspek deur talle kontroversiële gebeure en aspekte. Reeds vroeg in sy loopbaan het die Nederlandse Departement van Kultuur tussenbeide getree toe Reve 'n toelaag sou ontvang, en in die proses die onwelvoeglike aard van sy werk aangehaal.
'n Lid van die Nederlandse senaat, die Calvinistiese senator Hendrik Algra, het melding gemaak van dieselfde kwessie tydens 'n plenaire debat. Dit was die begin van 'n string skandale wat nie sou ophou totdat die Belgiese Koning Albert geweier het om 'n literêre prys aan Reve te oorhandig toe sy minnaar aangekla is van onwelvoeglikhede met minderjariges nie. Reve het somtyds die publisiteit verwelkom, maar het ook gekla oor sy aanhoudende stryd met die owerhede, openbare mening, en die pers.
Reve was in 1966 vervolg vir die beweerde oortreding van 'n wet teen Godslastering. In Nader tot U het hy die liefde-maak van die narrator met God beskryf, 'n besoeker aan sy huis wat gereïnkarneer is as 'n een jaar oue grys donkie. In April 1968 was hy vrygespreek deur die Hoge Raad der Nederlanden. Alhoewel dit dekades vir Nederland sou neem om Godslastering te dekriminaliseer-die wet was eers in 2013 afgeskaf-sou die uitkomste van die saak-wat bekend gestaan het as die "Donkie Verhoor"-die bestaande wet basies uitgediend of irrelevant maak[4]Reve het gekom uit 'n kommunistiese en ateïstiese gesin, maar het hom bekeer tot die Roomse-Katolisisme.[5] Hy was 'n baie liberale Katoliek, en sy bespotting van sekere aspekte van die Roomse Katolisisme het in die 1960's gelei tot spanning in die Nederlandse Rooms-Katolieke gemeenskap. Nietemin, het hy bygedra as 'n literêre adviseur tot die nuwe vertaling van die Katolieke Bybel naamlik die 'Willibrord' vertaling.
Een van Reve se hooftemas, saam met geloof en liefde, is sy intense (en tereg ook) haat van kommunisme, sy regimes, en die verdraagsaamheid daarteenoor in linkse kringe in die Westerse Wêreld.
In 1975 het hy sy verskyning tydens 'n Nederlandse poësiefees gemaak, en (onder andere ook 'n kruis en vredesimbool) 'n swastika sowel as 'n hamer en sekel op sy klere gedra, en 'n gedig voorgelees wat opmerkings oor immigrasie gemaak het wat blykbaar "rassisties" was, alhoewel dit kulturele verskille benadruk het en die term swart gebruik het eerder as neger/nikker. Hy het dit voorgedra op 'n plegtige en waardige wyse, wat baie mense glo beledig het, veral Afro-Surinaamse persone, baie van wie eers onlangs gearriveer het op die vooraand van die dekolonisasie van Suriname wat sou plaasvind in November 1975.
Hierdie geleentheid het tot baie kontroversie gelei, en baie mense het sedertdien bespiegel oor die vraag of Reve van sy kop af geraak het, of na iets anders verwys het. Reve het egter in die aangesig van 'n golf van kritiek nie 'n duim beweeg nie, en sy eise en aanspraake daarop dat hy ' te intelligent was om 'n rassis te wees ' , en nooit skade aan 'n ander persoon sou berokken op rasgronde nie, het gedeeltelik verlore geraak in die verwarring wat teweeggebring is deur hierdie alomteenwoordige ironie.
In 2001 is die Prijs der Nederlandse Letteren aan hom toegeken, synde die mees luisterryke prys vir skrywers in Nederlands, maar Koning Albert II van België het geweier om die prys aan hom te oorhandig omdat sy minnaar van pedofilie aangekla is. Die geld was instede daarvan by wyse van 'n bank oordrag oorgedra en die sertifikaat was aan hom afgelewer.[1][6][7]
Gedurende die laaste jare van sy lewe het hy aan Alzheimer se siekte begin ly en op 82 jarige ouderdom op 8 April 2006 daaraan beswyk in Zulte, België. Reve was begrawe op 15 April in die middel van die begraafplaas "Nieuwe Begraafplaats" in Machelen-aan-de-Leie.
Eerbewyse[wysig | wysig bron]
Bibliografie[wysig | wysig bron]
- De Avonden
- Werther Nieland
- De ondergang van de familie Boslowits
- Tien vrolijke verhalen
- Vier Wintervertellingen
- Op weg naar het einde
- Nader tot U
- De taal der liefde
- Lieve jongens
- Een circusjongen
- Brieven aan kandidaat katholiek A. 1962–1969
- Oud en eenzaam
- Brieven aan Wimie
- Moeder en zoon
- Brieven aan Bernard S.
- De vierde man
- Brieven aan Josine M.
- Brieven aan Simon C. 1971–1975
- Brieven aan Wim B. 1968–1975
- Brieven aan Frans P. 1965-1969
- De stille vriend
- Brieven aan geschoolde arbeiders
- Zelf schrijver worden
- Brieven aan Ludo P. 1962-1980
- Bezorgde ouders
- Brieven aan mijn lijfarts 1963–1980
- Brieven van een aardappeleter
- Op zoek
- Het boek van violet en dood
- Ik bak ze bruiner
- Brieven aan Matroos Vosch
- Het hijgend hert
Grafiese romans[wysig | wysig bron]
In 2003 en 2004 was die roman De avonden verwerk na 'n grafiese roman (in 4 dele) deur Dick Matena.
Verwysings[wysig | wysig bron]
- "Reve, Gerard Kornelis van het (1923–2006)". Historical Dictionary of the Netherlands. (2007). Ed. Koopmans, Joop W.. Lanham, Maryland: Scarecrow. 191–92.
- Wood, Robert (2002), "Reve, Gerard", glbtq.com, archived from the original on 11 October 2007, https://web.archive.org/web/20071011124350/http://www.glbtq.com/literature/reve_g.html, besoek op 2007-10-24
- Emoverkerk.nl
- Sex with God as a donkey: What constitutes blasphemy today? What's at stake when ancient ideas of heresy collide with the modern notion of free speech?
- Dutch and Flemish Literature Geargiveer 1 April 2009 op Wayback Machine
- Osborn, Andrew (26 November 2001). "Dutch book prize kept from winner". The Guardian.
- "Prijs der Nederlandse Letteren na 11 jaar weer eens voor een Vlaming" (in Dutch). Boekendingen.nl. 26 April 2012. Besoek op 2012-05-29.
|
<urn:uuid:031042f5-699a-4b97-88ed-b6eb86d86931>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Gerard_Reve
|
2019-07-24T03:03:43Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530250.98/warc/CC-MAIN-20190724020454-20190724042454-00494.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999887
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Bespreking:Adolf Hitler
Jump to navigation
Jump to search
@JMK: ek het die volgende aanhaling ingevoeg. Kan iemand dalk net die transkripsie van die video en die gevolglike vertaling daarvan nagaan? Ek het dwarsoor die internet na transkripsies gesoek, maar kon geen opspoor nie.
- Transkripsie: Warum sich zu millionen hier vereinigen und einmal symbolisch zum Ausdruck bringen, dass wir, nicht sind Stadt und Land, nicht sind Arbeiter, Angestellte, Handwerker, Bauern, Studenten, Bürger, nicht sind irgendwelche Anghänger irgendwelche Weltanschauungen, sondern, dass wir sind Angehöriger eines Volkes.
- Vertaling van transkripsie: "Ons kom hier byeen om eenmaal simbolies dít uit te druk: dat ons nie stad en platteland is nie, dat ons nie arbeiders, werknemers, handwerkers, boere, studente, en burgers is nie, dat ons nie aanhangers van verskillende wêreldbeskouings is nie, maar dat ons almal lidmate van een volk is."
- Goed genoeg, of miskien: Hoekom dermiljoene mense hulself hierby aansluit is om eenmaal ..., want ek hoor Warum sich zu millionen (d.i. "tot miljoene" of "dermiljoene") hier vereinigen (d.i. ook "aansluit"[1]) [ist] um einmal symbolisch zum Ausdruck [zu] bringen .... Transskripsies is goed, maar nie allernoodsaaklik nie want wikiquote neem ook aanhalings uit direkte bronne, of sg. "uit die perd se bek". JMK (kontak) 16:50, 7 April 2019 (UTC)
|
<urn:uuid:ef4f32f0-e142-4c84-a51b-4b8289afab86>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikiquote.org/wiki/Bespreking:Adolf_Hitler
|
2019-07-16T18:45:11Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524685.42/warc/CC-MAIN-20190716180842-20190716202842-00230.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.965598
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Kleinsingvalk
Die kleinsingvalk (Melierax gabar) – ook bekend as die witkruissperwer – is 'n gelokaliseerde algemene standvoël wat in Suider-Afrika voorkom. Die voël word 28 – 36 cm groot, en weeg 110 - 220 g met 'n vlerkspan van 60 cm. Die voël is 'n veelsydige roofvoël. In Engels staan die voël bekend as Gabar goshawk.
Kleinsingvalk | ||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
'n Volwasse kleinsingvalk in Tanzanië. | ||||||||||||||||
Bewaringstatus | ||||||||||||||||
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||||||||
Binomiale naam | ||||||||||||||||
Micronisus gabar (Daudin, 1800) | ||||||||||||||||
Sinonieme | ||||||||||||||||
Melierax gabar |
Sien ookWysig
BronWysig
- BirdLife International (2009). "Melierax gabar". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2010.4. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 8 Augustus 2011.
|
<urn:uuid:42f36f63-3bb3-4425-9714-70a01d8caa6a>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Melierax_gabar
|
2019-07-16T19:12:22Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524685.42/warc/CC-MAIN-20190716180842-20190716202842-00278.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.992568
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Robert Lalonde
Robert Lalonde | |
Geboorte | 22 Julie 1947 |
---|---|
Nasionaliteit | Kanadees |
Beroep(e) | Akteur en skrywer |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Robert Lalonde (gebore 22 Julie 1947) is 'n Kanadese akteur en skrywer. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Lilies (1996) en C'est le coeur qui meurt en dernier (2017), en in die televisiereekse Un homme mort (2006) en Au secours de Béatrice (2014).
Filmografie[wysig | wysig bron]
Rolprente[wysig | wysig bron]
- 1996: Lilies
- 2017: C'est le coeur qui meurt en dernier
- 2018: Ville Neuve
Televisiereekse[wysig | wysig bron]
- 2005: Détect inc.
- 2006: Un homme mort
- 2014: Au secours de Béatrice
Televisierolprente[wysig | wysig bron]
- 1977: The Fighting Men
|
<urn:uuid:799ada57-b9aa-464b-a416-066c776dd721>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Robert_Lalonde
|
2019-07-19T06:09:05Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526064.11/warc/CC-MAIN-20190719053856-20190719075856-00062.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.991996
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Ernst Roets
Ernst Roets | |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
---|---|
Beroep | Burgerregte-aktivis, skrywer en rolprentvervaardiger |
Ernst Roets is ’n Suid-Afrikaanse burgerregte-aktivis, skrywer en rolprentvervaardiger. Hy is adjunk-uitvoerende hoof van die burgerregte-organisasie AfriForum en die uitvoerende hoof van die rolprentvervaardigingsmaatskappy Forum Films.
Inhoud
Opvoeding[wysig | wysig bron]
Roets het op die landboudorp Tzaneen grootgeword waar hy in 2003 aan die Hoërskool Merensky gematrikuleer het. Hy het sy LLB-graad in 2009 aan die Universiteit van Pretoria (UP) verwerf. Tydens sy studentejare het hy op verskeie leierskapstrukture, waaronder die verteenwoordigende studenteraad (VSR) en die senaat, by dié universiteit gedien.
Gedurende sy studentejare het Roets as stigterslid en die eerste nasionale voorsitter van Solidariteit Jeug gedien. In 2008 het Solidariteit Jeug sy naam verander en is die organisasie omskep in AfriForum Jeug. Roets het sy LLM-graad in Publiekreg in 2016 met lof aan die UP behaal. Die titel van sy verhandeling was ’n Peiling van die middele kragtens die Suid-Afrikaanse Grondwet, ter afdwinging van die basiese regte van minderheidsgemeenskappe.[1] Roets is tans besig met sy doktorsgraad in Publiekreg by UP.
Loopbaan[wysig | wysig bron]
Roets is in 2010 gearresteer nadat hy gepoog het om ’n advertensiebord met die woorde "Welkom in Pretoria" langs die N1-snelweg te installeer. Hierdie aksie was in protes teen die Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit se gebruik van die woord "Tshwane" om tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 na die hoofstad te verwys, terwyl die stad se naam eintlik Pretoria is.[2]
In 2011 word Roets as adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum aangestel. Hy het in 2011 namens AfriForum in die saak van AfriForum vs. Malema getuig.[3] Hy het namens AfriForum ’n saak van haatspraak teen Julius Malema aanhangig gemaak nadat Malema die lied "Dubula i’Bhunu" (Skiet die Boer) by verskeie politieke byeenkomste gesing het. Die hof het Malema aan haatspraak skuldig bevind.[4]
Roets het verskeie konferensies van die Verenigde Nasies (VN) toegespreek, veral oor plaasmoorde en die stand van minderheidsregte in Suid-Afrika. In 2015 het Roets skerp by die VN se kantore in Genève gereageer op ’n beskuldiging deur die Suid-Afrikaanse regering dat dié wat vir prioritisering van plaasmoorde vra, dit slegs doen omdat hulle ’n rasse-agenda dryf en apartheid terug wil bring. In dieselfde jaar het Roets ’n klag van diskriminasie teen die Suid-Afrikaanse regering ingedien by die VN se Special Rapporteur on the situation of human rights defenders, nadat die Suid-Afrikaanse regering polities by die VN ingemeng het om te verhoed dat AfriForum as nieregeringsorganisasie by die VN registreer.[5]
Plaasmoorde[wysig | wysig bron]
Roets is sedert 2012 aan die stuur van AfriForum se veldtog om plaasmoorde tot ’n prioriteitsmisdaad te laat bevorder.
Bibliografie[wysig | wysig bron]
2018: Kill the Boer[wysig | wysig bron]
Roets is die outeur van die boek Kill the Boer wat in Junie 2018 gepubliseer was. Kill the Boer handel oor die wrede werklikheid van plaasaanvalle in Suid-Afrika. In die boek word aangevoer dat die Suid-Afrikaanse regering, weens ’n verskeidenheid van redes, aandadig tot die krisis is. Hierdie redes sluit in: die deprioritisering van plaasaanvalle (ondanks ’n toename in aanvalle); die negatiewe stereotipering van wit boere in besonder; die romantisering van geweld teen boere; die verkondiging van rassehaat vanaf politieke platforms; en die belediging en vernedering van die slagoffers van plaasaanvalle. Die boek onthul verhale van die regstreekse betrokkenheid van veral die regerende African National Congress (ANC), die Suid-Afrikaanse regering en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in die beplanning en uitvoer van hierdie aanvalle.
Daar word verder aangevoer dat ’n proses van etniese uitwissing as ’n dreigende gevaar beskou moet word wat verhoed moet word. Op grond van ’n ontleding van duisende nuusartikels word die aandadigheid van die Suid-Afrikaanse media in die negatiewe stereotipering van wit boere ook in die boek aangedui. Verder word ’n verskeidenheid van redes uiteengesit waarom plaasaanvalle tot ’n prioriteitsmisdaad verklaar moet word. Dit sluit in die buitengewone frekwensie van hierdie aanvalle, die buitengewone wreedheid daarvan, asook die unieke rol wat boere in die samelewing speel en die unieke omstandighede waarin boere hulself bevind.
Filmografie[wysig | wysig bron]
2016: Tainted Heroes[wysig | wysig bron]
Tainted Heroes (Engels vir "bevlekte helde") is 'n Suid-Afrikaanse dokumentêre film wat deur Forum Films onder regie van Elrich Yssel vervaardig is met Ernst Roets en Beatrice Pretorius as vervaardigers. Die film handel oor die gewelddadige stryd van die African National Congress teen apartheid in Suid-Afrika tussen 1976 en 1994. Die dokumentêr is op die boek People's War: New Light on the Struggle for South Africa deur Anthea Jeffrey gebaseer.[6]
Max du Preez het die film as "kru" en "roekeloos" beskryf, maar daarna toegegee dat hy die film nog nie gesien het nie. Die joernalis Pieter du Toit het gesê dat Roets met vuur speel. Hoewel die ANC nie op die inhoud van die film kommentaar wou lewer nie, het die party die film as propaganda afgemaak.[7]
Bronne[wysig | wysig bron]
- No Defense for Afrikaners. American Renaissance (29 Mei 2018). URL besoek op 15 Augustus 2018.
Verwysings[wysig | wysig bron]
- 'n Peiling van die middele kragtens die Suid-Afrikaanse Grondwet ter afdwinging van die basiese regte van die minderheidsgemeenskappe. UPSpace (2016). URL besoek op 25 September 2018.
- 3 held for violating ad by-law. News24 (09 Julie 2010). URL besoek op 25 September 2018.
- Afriforum takes Malema to Equality Court. News24 (30 April 2015). URL besoek op 25 September 2018.
- Afri-Forum and Another v Malema and Others. saflii (12 September 2012). URL besoek op 25 September 2018.
- DIRCO guns for AfriForum at UN - Ernst Roets. politicsweb (3 Maart 2015). URL besoek op 25 September 2018.
- People's War: New Light on the Struggle for South Africa. IRR - South African institute of race relations. URL besoek op 25 September 2018.
- ANC scoffs at ‘propaganda’ film claims. IOL (7 Februarie 2016). URL besoek op 25 September 2018.
|
<urn:uuid:bd531a90-e96e-4ca8-90df-75bfbde2776a>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Ernst_Roets
|
2019-07-19T06:32:24Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526064.11/warc/CC-MAIN-20190719053856-20190719075856-00182.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999913
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Mikrobeheerder
'n Mikrobeheerder is 'n elektroniese geïntegreerde stroombaan gebaseer op 'n mikroverwerker maar met 'n aantal stroombane bygevoeg om dit 'n selfstandige elektroniese stelsel te maak. Dus bevat 'n mikrobeheerder ten minste geheue en tellers en moontlik analoog-na-digitale omsetters, puls-wydte modulators, analoog vergelykers en verskillende serie en parallele poorte. 'n Mikrobeheerder kan dus direk met die analoog wêreld koppel, oor databusse met ander stelsels kommunikeer en data verwerk en stoor sonder enige buiteliggende stroombane.
Die beheerder kan geprogrammeer word met kode om sekere handelinge uit te voer. Die kode wat uitgevoer moet word, word gestoor in 'n geheue, wat intern tot die eenheid kan wees, of apart kan staan. Sekere moderne mikrobeheerders beskik intern oor baie gevorderde stroombane wat dit moontlik maak om digitale ontwerpe (soos bv. selfone) baie kleiner as in die verlede te vervaardig.
Inhoud
Geïntegreerde stroombaan[wysig | wysig bron]
IC is die afkorting vir die Engelse woorde: "Integrated Circuit". Dit is 'n keramiekblokkie waarin die elektroniese onderdele, mikroskopies klein, gebou is. 'Pootjies' (pins) wat aan die kante uitsteek, word gebruik om data van en na die elektroniese dele binne die keramiekblokkie te stuur.
Mikrobeheerder vs. mikroverwerker[wysig | wysig bron]
Die verskil tussen 'n mikroverwerker en 'n mikrobeheerder is dat 'n mikroverwerker die hart van 'n mikrobeheerder vorm en 'n mikrobeheerder geheue, in- en uitsette, tellers, en ander stroombane daarby voeg om 'n meer volledige digitale stelsel in een geïntegreerde stroombaan te vorm. Oor die algemeen vorm mikrobeheerders kompakte, lae onkoste stelsels en mikroverwerkers met addisionele elektronika hoëspoed-, kragtige stelsels. Mikrobeheerders word egter by die dag vinniger en meer kragtig.
Mikroverwerkers kom in pakkies met veertig tot oor 'n duisend pootjies. Mikrobeheerders kom in pakkies met ses tot oor 'n honderd pootjies. Een van die redes vir die verskil is dat mikroverwerkers se hoofgeheue buite hulle pakkie bestaan en dus moet die verwerker baie pootjies hê om die geheue aan te spreek. 16 adrespootjies gee toegang tot 64 kilogrepe geheue, 32 adrespootjies gee toegang tot 4,3 megagrepe (4.3x109).
Vir die komplekste elektroniese implementasies is mikroverwerkers noodsaaklik. Wat algemeen beskou word as rekenaars (persoonlike rekenaars, ens.) is uiteindelik een of meer mikroverwerkers plus geheue en ander ondersteunende stroombane.
Hoe werk 'n mikrobeheerder?[wysig | wysig bron]
Soos die naam na verwys, is die hoof toepassing van mikrobeheerder bane om elektriese/meganiese/hidroliese/chemiese stelsels of 'n kombinasie daarvan te beheer. Hoe die beheer uitgevoer word, word deur die sagteware wat in die beheerder gelaai word bepaal. Die mikroverwerker sal tipies data vanaf sensore inlees en dan aktueerders aandryf om beheer van 'n stelsel te bewerkstellig. 'n Tweede toepassing van mikrobeheerders is dat hulle onder sekere toestande hele groepe konvensionele logika geïntegreerde stroombane kan vervang en sodoende ruimte en onkoste spaar. Dis veral waar wanneer mens 'n groep logika met een 8- of 14-pootmikrobeheerder kan vervang.
Om data vanaf 'n sensor in te lees sal 'n mikrobeheerder die datapoort, bestaande uit 8/16/32 of selfs 64 lyne (afhangend van die tipe mikrobeheerder), gebruik. Die data wat oor die lyne gelees word is dus 8/16/32/64 bisse (sien onder) wyd. Datalyne kan net as 'aan' of 'af' gelees word, alhoewel party mikrobeheerders 'n analoë invoerpunt het, d.w.s. 'n datalyn wat gegradueerde invoer kan verwerk. Hierdie invoer word omgesit na digitale nommers deur die analoog-na-digitale omsetter binne in die mikrobeheerder.
'n Mikrobeheerder is uiteindelik net 'n reeks elektroniese meganismes om binêre waardes te manipuleer. Die waardes word gestoor in registers - die grote van 'n register is die maatstaf van 'n mikrobeheerder se kompleksiteit ('n 8-bisbeheerder se registers is 8 bisse wyd, ens.) - en alles waarmee 'n mikrobeheerder werk, bestaan slegs as data in registers. Dié data word gevoer deur die mikrobeheerder se meganismes wat weer die registers verander. 'n Mikroverwerking se programmering stel 'n roetine op waarvolgens registers ingevoer, afgelees, gemanipuleer en teruggevoer word - 'n ketting van instruksies.
Die programmering van 'n mikrobeheerder is eenvoudig 'n reeks van bisse wat 'n stelsel transistors so aan- en af-skakel dat 'n sekere register gevoer word aan een of ander meganisme. Wanneer 'n mens die programmering van 'n mikrobeheerder verander skryf 'n mens dit nie gewoonlik in 1e en 0e nie, maar met mnemonieke - geheuehulpe - name in skrif vir 'n konfigurasie van bisse. Die vertaler (die program wat mensgeskrewe kode in masjienkode omskep) vervang doodeenvoudig net die mnemonieke met die bisse wat hulle verteenwoordig en enkodeer dié bisse in 'n wyse waarmee die mikroverwerker geprogrammeer kan word. Al is dit baie onprakties is dit moontlik vir 'n mens om hierdie self met die hand te doen - dié gebeur veral tydens die ontwerp van 'n mikrobeheerders - dus is mikrobeheerderkode (genoem assembly of assembler code) die laagste moontlike vlak van rekenaarprogrammering.
Gebruike vir 'n mikrobeheerder[wysig | wysig bron]
Die mikrobeheerder werk slegs met digitale data - dit is die werk van die programmeerder om nuttige inligting in sulke data te omskep (alhoewel party mikrobeheerders hulpmate het hiervoor, soos analoë datalyne) en die uitvoer van die mikrobeheerder nuttig gemaak. In byna elke geval dien 'n mikrobeheerder as 'n gesofistikeerde skakelbord: as hierdie lyn 'n sein dra (bv. 'n knoppie wat aan dié lyn gekoppel is word gedruk) dan word die waarde van daardie register verander (bv. 'n bis op 'n uitvoer-register word aangeskakel, wat krag na 'n lig toe voer - in dié voorbeeld: as jy die knoppie druk, dan gaan 'n liggie aan). Die waarde van 'n mikrobeheerder is dat dit sulke skakelings veel vinniger as 'n mens kan hanteer en dat dit elke keer dit dieselfde sal hanteer.
Mikrobeheerders en -verwerkers is alomteenwoordig in elektronika - byna alle elektronika wat enige beheer nodig het (nie 'n stel luidsprekers nie, maar wel 'n vermaakstelsel) besit 'n mikrobeheerder van een-of-ander grootte in 'n stelsel van een-of-ander kompleksiteit. Die mees gesofistikeerde mikrobeheerderstelsels is veral in kommunikasiewese te vinde - 'n selfoon is so 'n gevorderde stuk elektronika soos wat enige mens mee in aanraking sal kom in sy hedendaagse lewe. Nog voorbeelde van toestelle met mikrobeheerders in hulle is musiekspelers, wasmasjiene, en mikrogolfoonde.
|
<urn:uuid:5448c62e-1bbb-47e7-b611-6c8ef078f0ab>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Mikrobeheerder
|
2019-07-16T23:25:49Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003121-00060.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999974
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Bloudwaalster
’n Bloudwaalster of blou-agterblyer is ’n hoofreeksster in ’n oop of bolvormige sterreswerm wat helderder en blouer as ander sterre in die swerm is. Dit is in 1953 die eerste keer ontdek deur Allan Sandage in die bolswerm Messier 3.[2][3]
Volgens teorieë van sterevolusie behoort die posisie van ’n ster op die Hertzsprung-Russell-diagram feitlik alleenlik bepaal te word deur die aanvanklike massa van die ster en sy ouderdom. In ’n sterreswerm word sterre almal min of meer op dieselfde tyd gevorm en al die sterre behoort dus op die H-R-diagram op ’n duidelik gedefinieerde kurwe te lê wat bepaal word deur die ouderdom van die swerm, met die posisie van individuele sterre op die kurwe alleenlik na gelang van hul aanvanklike massa. Met massas van twee tot drie keer dié van die res van die hoofreekssterre in ’n swerm, lyk dit of bloudwaalsterre ’n uitsondering op die reël is.[4] Die rede is waarskynlik ’n interaksie tussen twee of meer sterre in die digte omgewing van die sterreswerm waarin die bloudwaalsterre hulle bevind.
Teorieë[wysig | wysig bron]
Verskeie teorieë bestaan oor die vorming van bloudwaalsterre. Die eenvoudigste is dat hulle later as die res van die swerm ontstaan het, maar daar is min bewyse daarvoor.[5] ’n Ander teorie is dat bloudwaalsterre nie werklik tot die swerm behoort nie of dalk deur die swerm aangetrek en vasgevang is. Dit lyk ook onwaarskynlik, aangesien hulle hulle dikwels in die middel van die swerm bevind. Nog ’n teorie is dat dit sterre is wat te na aan ’n ander ster of liggaam met dieselfde massa gekom en daarmee gebots het.[6]
Die twee moontlikste verduidelikings het albei te doen met interaksies tussen sterre in die swerm. Een verduideliking is dat hulle huidige of voormalige dubbelsterre is wat besig is om saam te smelt of reeds saamgesmelt het. Die samesmelting van twee sterre kan ’n enkele, massiewer ster tot gevolg hê wat moontlik ’n groter massa het as die ander hoofreekssterre in die swerm. Die teorie word deur baie sterrekundiges aanvaar omdat bloudwaalsterre blykbaar meer algemeen in digte gebiede van swerms voorkom, veral in die kern. Ramings van die verwagte aantal botsings in swerms stem ook ooreen met die aantal bloudwaalsterre wat waargeneem word.[6]
Die ander verduideliking is die oordrag van massa tussen twee sterre wat in ’n dubbelster-stelsel ontstaan. Die grootste ster sal eerste ontwikkel en massa sal daarna na die kleiner ster oorgedra word.[7]
Ander tipes[wysig | wysig bron]
Verwysings[wysig | wysig bron]
- "Too Close for Comfort". Hubble Site. NASA. 7 Augustus 2003. Besoek op 2010-01-21.
- Sandage, Allan (1953). “The color-magnitude diagram for the globular cluster M3”. The Astronomical Journal 58: 61–75. doi:10.1086/106822.
- John Noble Wilford (1991-08-27). "Cannibal Stars Find a Fountain of Youth". The New York Times. Besoek op 2010-01-18.
- "Astronomy Picture of the Day – Blue Stragglers in NGC 6397". 2000-06-22. Besoek op 2010-01-18.
- "NASA's Hubble Space Telescope Finds "Blue Straggler" Stars in the Core of a Globular Cluster". Hubble News Desk. 1991-07-24. Besoek op 2006-05-24.
- Leonard, Peter J. T. (1989). “Stellar collisions in globular clusters and the blue straggler problem”. The Astronomical Journal 98: 217–226. doi:10.1086/115138.
- Shu, Frank (1982). The Physical Universe. University Science Books. ISBN 978-0-935702-05-7.
- Clark, L. Lee, et al. (2004). “The Blue Straggler and Main-Sequence Binary Population of the low-mass globular cluster Palomar 13”. The Astronomical Journal 128 (6): 3019–3033. doi:10.1086/425886.
|
<urn:uuid:a5278453-7a31-44d6-94fc-26502cff7708>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bloudwaalster
|
2019-07-23T03:22:55Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528687.63/warc/CC-MAIN-20190723022935-20190723044935-00419.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999919
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Spioenkop (berg)
Spioenkop is 'n berg in die provinsie van KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Dit is naby die dorp van Ladysmith geleë, 27 km wes-suid-wes / en sowat 2.5 km na die noorde van Spioenkopdam, 'n reservoir vir die waters van die Tugelarivier.
Inhoud
GeskiedenisWysig
Hierdie berg het 'n historiese beduidendheid. Sy heuwelkruin was die terrein van die Slag van Spioenkop (een van die belangrikste gevegte van die Boere-Oorloë) van 23 tot 24 Januarie 1900.[1] by die Tugelarivier, KwaZulu-Natal in Suid-Afrika
Sien ookWysig
VerwysingsWysig
- Oliver Ransford (1971). Battle Of Spion Kop. London: John Murray.
|
<urn:uuid:9fa1c475-89ec-40f2-9386-7c305dc2f9ff>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spioenkop_(berg)
|
2019-07-16T23:09:06Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00203.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999913
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Apollo 17
Lansering het om 00:33 Oostelike Standaardtyd (EST) op 7 Desember 1972 geskied, die drie bemanningslede het bestaan uit bevelvoerder Eugene Cernan, beheereenheid-vlieënier Ronald Evans en maanmodule-vlieënier Harrison Schmitt. Dit was die laaste gebruik van Apollo-hardeware vir sy oorspronklike missie; na Apollo 17 is ekstra Apollo-onderdele in die Skylab en Apollo-Sojoes-toetsprojek gebruik.
Dit was die derde "J-missie" gewees – wat 'n drie-dae-maanverblyf en uitgebreide wetenskaplike vermoë moontlik gemaak het. Dit was ook die derde en laaste missie waartydens die maankarretjie gebruik is.
Terwyl Evans om die maan gewentel het in die beheer/diensmodule (CSM), het Cernan en Schmitt net meer as drie dae op die maanoppervlak vertoef in die Taurus-Littrowvallei. Hulle het drie sessies buite die landingstuig spandeer ("moonwalks"), waartydens hulle maanmonsters versamel en wetenskaplike instrumente ontplooi het. Cernan, Evans, en Schmitt het veilig na die aarde teruggekeer op 19 Desember, na 'n sending van ongeveer 12 dae.
Voorafgegaan deur: Apollo 16 |
Apollo-program | Einde |
|
<urn:uuid:d0099c46-e809-414c-80e3-23392fd8e3a0>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Apollo_17
|
2019-07-19T13:14:47Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526237.47/warc/CC-MAIN-20190719115720-20190719141720-00243.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999824
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Gebruikerbespreking:DirkVE
Jump to navigation
Jump to search
Laaste boodskap van Morne
Welkom op my besprekingsblad. Begin gerus 'n gesprek deur onder op "Begin 'n nuwe gesprek" te kliek. Indien ek 'n gesprek op jou besprekingsblad begin het, antwoord dit asseblief daar en moenie 'n nuwe gesprek hier begin nie. |
Na Argief
Hoe word 'n argief aangelê? |
Infokas[wysig bron]
Charles F. Stofberg[wysig bron]
- Dankie vir die waardering. DirkVE (kontak) 07:41, 27 Januarie 2014 (UTC)
|
<urn:uuid:d98e9aa0-6932-4acb-a60f-0ac4a8de1b1a>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Gebruikerbespreking:DirkVE
|
2019-07-23T07:42:59Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529007.88/warc/CC-MAIN-20190723064353-20190723090353-00235.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999846
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Bospatrys
Die Bospatrys (Dendroperdix sephaena) is 'n algemene standvoël en kom in noord Namibië, noord en oos Botswana, Zimbabwe, Mosambiek, Noordwes, Limpopo en Mpumalanga voor. Die voël is 30 – 35 cm groot en weeg 240 - 460 gram. Hulle leef in beboste savanne en boomvelde. In Engels staan die voël bekend as Crested Francolin.
Bospatrys | ||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Bewaringstatus | ||||||||||||||||||
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||||||||||
Binomiale naam | ||||||||||||||||||
Dendroperdix sephaena (Smith, 1836) | ||||||||||||||||||
Sinonieme | ||||||||||||||||||
Francolinus sephaena |
Inhoud
FotogaleryWysig
Bospatrys in die Krugerwildtuin.
|
<urn:uuid:83e9d777-9cb0-4efd-aaec-dd1eee9a64ea>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Dendroperdix_sephaena
|
2019-07-15T20:23:00Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524111.50/warc/CC-MAIN-20190715195204-20190715221204-00419.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.869365
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Lys van lande volgens BBP (nominaal)
Hierdie artikel moet skoongemaak of andersins verbeter word. Hierdie artikel voldoen nie tans aan die hoë gehaltestandaarde waarna Wikipedia streef nie. Voel vry om self in te spring en verbeterings te maak, en verwyder hierdie kennisgewing ná die tyd. Vir meer hulp, sien die redigeringshulp. Daar is moontlik kommentaar in die artikel of op die besprekingsblad oor wat verbeter moet word. |
BBP verwys na die totale van finale goedere en dienste, wat binne die grense van 'n land geproduseer word in 'n spesifieke priode, gewoonlik 1 jaar.
Private verbruiks besteding + Investering (Belê in vaste bates) + Staatsbesteding + Uitvoere - Invoere = BBP
|
<urn:uuid:ad6b39f4-e119-4164-bfb6-6c82bb10683a>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Lys_van_lande_volgens_BBP_(nominaal)
|
2019-07-15T20:50:48Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524111.50/warc/CC-MAIN-20190715195204-20190715221204-00443.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999904
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Wildeposduif
Wildeposduif | ||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Volwasse C. l. intermedia in Indië | ||||||||||||||||
Bewaringstatus | ||||||||||||||||
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||||||||
Binomiale naam | ||||||||||||||||
Columba livia Gmelin, 1789 | ||||||||||||||||
Verspreiding
Broeityd is dwarsdeur die jaar en die lyste en vensterbanke van hoë stadsgeboue verskaf ideale nesmaakplekke. Stadsbewoners het die vestiging van hierdie en ander duifspesies aangemoedig deur graankorrels en broodkrummels vir hulle neer te sit.[1]
Tuinduiwe is baie volop in stedelike gebiede. Hulle is waarskynlik oorspronklik van Nederland af hierheen gebring en later weer uit ander dele van Europa. Hulle word dikwels in groot swerms in stadsparke en ander groot gebiede aangetref, en is goed aangepas by die menslike leefwyse. Tuinduiwe het 'n las in baie stede geword, en is nie welkome inwoners nie, veral vanweë hulle gewoonte om die lysies en dakke van geboue met hulle mis te bevuil. Dit is van die min voëls waarvan die verspreiding byna uitsluitlik met menslike aktiwiteit saamhang.
Algemeen[wysig | wysig bron]
Beskrywing: Verekleed wissel baie, en swart, blou, grys, wit, en rooibruin vorms kom voor. Die blou vorm is identies aan die voorouerlike rotsduif van Europa: blouerig grys met swart dwarsstrepe oor die vlerke en stert, 'n wit vlek op die kruis en glansende groen en pers aan die kante van die nek. Die wyfie is valer as die mannetjie, met minder glans aan die nek. Jong voëls is valer as die volwassenes.
Habitat: Stadsgebiede, maar broei ook op kuskranse in die Oos-Kaap.
Status: Talryke standvoël.
Soortgelyke spesies: Ander duiwe.
Roep: Tipiese vinnige ‘koe-roe-koe’ van 'n mak duif. Ook 'n diep nasale ‘ghoe-ghoe-ghoe’ by die nes.
Dieet: Saad, graan en kosreste.
Broeigewoontes[wysig | wysig bron]
Plek: Lysies van geboue, of enige dakopeninge.
Nes: Die nes is 'n platform van stokkies, vere, plastiek en enigiets anders.
Seisoen: Enige maand van die jaar.
Getal eiers: 2.
Broeitydperk: Sowat 18 dae.
Kuikenstadium: Sowat 30 dae.
Habitat[wysig | wysig bron]
Tuinduiwe sal geredelik in oop dele van die tuin kom vreet, maar die meeste mense wil hulle nie graag in die tuin hê nie, aangesien hulle enorme hoeveelhede kos van 'n voertafel kan verorber en geneig is om ander soorte voëls af te knou. Tuinduiwe rus ook graag op huisdakke en bevuil stoepe met hulle mis.
Kosvereistes: Hul dieet is feitlik heeltemal aangepas by die mens s'n. Hulle sal broodkrummels, saad, vrugte en enige iets eetbaars verorber. Die groot toename in hulle getalle en hulle vinnige verspreiding kan dus hoofsaaklik toegeskryf word aan die ruim geskenke van "vriendelike" mense.
Nesmaak: Tuinduiwe broei graag op 'n huis of buitegebou, aangesien daar geskikte lysies of openinge in die dakkappe is, maar die meeste mense ontmoedig hulle. Tog kan dit vermaaklik en leersaam wees om hulle broeisiklus op die vensterlysie van 'n woonstel of kantoorgebou dop te hou.
Sien ook[wysig | wysig bron]
- Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls
- Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer)
- Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Verwysings[wysig | wysig bron]
- Die Suid-Afrikaanse voëlgids (4de uitgawe), John Sinclair, John Mendelsohn, 1987. P.14
|
<urn:uuid:af07c2fd-a9a2-483f-a68c-c4f1e780b18e>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Wildeposduif
|
2019-07-20T18:58:42Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526560.40/warc/CC-MAIN-20190720173623-20190720195623-00523.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999977
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Fundraising 2011/Thank You Mail/af
Pages for translation: [edit status] | |
Interface messages high priority Translated on Translatewiki. Get started. |
In progress |
Banners and LPs (source) high priority |
Published |
Banners 2 (source) high priority |
Published |
Jimmy Letter 002 (source) high priority |
Published |
Jimmy Letter 003 (source) variation of Jimmy Letter 002 |
Missing |
Jimmy Letter 004 (source) variation of Jimmy Letter 002 |
Missing |
Jimmy Mail (source) variation of Jimmy Letter 002 |
Missing |
Brandon Letter (source) | Needs proofreading |
Alan Letter (source) | Needs proofreading |
Kaldari Letter (source) | Needs proofreading |
Karthik Letter (source) | Missing |
Thank You Mail (source) | Needs proofreading |
Thank You Page (source) | Needs proofreading |
Problems donating (source) | Missing |
Recurring giving (source) | Missing |
Sue Thank You (source) | Missing |
FAQ (source) low priority |
Needs proofreading |
Various requests: Mail to past donors · Jimmy quote | |
Translation instructions |
---|
Dear [first name]
Jy is amazing, baie dankie vir die skenk aan die Wikimedia Foundation!
Dit is hoe ons ons rekeninge betaal - dit is mense soos jy, met vyf dollar, twintig dollar, 'n honderd dollar. My gunsteling skenking verlede jaar was vyf pond van 'n klein dogtertjie in Engeland, wat oorgehaal om haar ouers om haar te laat haar toelae skenk. Dit is mense soos jy saam met daardie meisie, wat dit moontlik maak vir Wikipedia om voort te gaan met die verskaffing van vrye, maklike toegang tot onbevooroordeelde inligting vir almal regoor die wêreld. Vir almal wat betaal vir dit help, en vir diegene wat nie kan bekostig om te help. Thank you so much.
Ek weet dit is maklik om ons 'n beroep te ignoreer, en ek is bly dat jy nie gedoen het nie. Van my af, en uit die tien duisende van die vrywilligers wat Wikipedia skryf: Dankie vir die om ons te help om die wêreld 'n beter plek te maak. Ons sal jou geld versigtig gebruik word, en ek dank jou vir jou vertroue in ons.
Dankie,
Sue Gardner
Wikimedia Foundation Uitvoerende Direkteur
Opt out option:
Ons wil graag jou as 'n skenker op die hoogte van ons gemeenskap aktiwiteite en fondsinsamelings te hou. As jy egter verkies om nie hierdie e-pos van ons ontvang nie, klik asseblief hieronder en ons sal jou van die lys af:
[unsub link]
For your records: Your donation on [date] was [amount].
Hierdie brief kan dien as 'n rekord van jou donasie. Geen goedere of dienste voorsien is, in sy geheel of gedeeltelik, vir hierdie bydrae. Die Wikimedia Foundation, Inc is 'n nie-winsgewende liefdadigheid korporasie met 501 (c) (3) belastingvrystellingstatus in die Verenigde State. Ons adres is 149 New Montgomery, 3de Vloer, San Francisco, CA, 94.105. VSA vrygestel van belasting nommer: 20-0049703
|
<urn:uuid:4ceb4c3c-31be-4730-92b2-64f3c7445cd5>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://meta.wikimedia.org/wiki/Fundraising_2011/Thank_You_Mail/af
|
2019-07-15T20:59:45Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524111.50/warc/CC-MAIN-20190715195204-20190715221204-00467.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999783
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
[[Beeld:Rosa Nepgen en WEG Louw.jpg|regs|300px|duimnael|W.E.G. Louw en sy vrou, die komponis [[Rosa Nepgen]].]]
William Ewart Gladstone Louw is op [[31 Mei]] [[1913]] as die jongste van vier broers in [[Sutherland]] gebore. Hy was die jonger broer van die digter [[N.P. van Wyk Louw]]. Albei het hul skoolloopbaan aan [[SACS]] voltooi, toe nog in die Kaapse middestad. In 1935 wen hy die [[Hertzogprys]] vir ''Die ryke dwaas'' (saam met [[C. Louis Leipoldt]] en [[Totius]]). Die versameling poësie kan moontlik as die begin van die [[Dertigers]]-beweging in die Afrikaanse literatuur beskou word.<ref>Lindenberg, E., et al. "Inleiding tot die Afrikaanse Letterkunde". Pretoria en Kaapstad: Vyfde uitgawe, 1980.</ref> Hy is op 31 Mei 1913 op [[Sutherland]] gebore. Hy is die seun van die prokureur Bismarck von Moltke Louw en Martha Hendrina Johanna Frederika (Poppie) van Wyk, dogter van ’n bekende boer van die distrik. Sy broers is Koos, die bekende digter N.P. van Wyk en Bismarck von Moltke. Die huis in Jubileestraat waar die gesin bly, word later as gevolg van sy en sy broer N.P. van Wyk Louw se belang in die letterkunde as museum verklaar. Hy begin sy laerskoolopleiding op Sutherland. In Desember 1920 vestig die gesin hulle in ’n huis in [[Oranjezicht]] in Kaapstad. Die verhuising is egter nie ’n volslae breuk met sy plattelandse verlede nie, aangesien hulle huis in Sutherland eers in 1925 verkoop word, sy pa steeds vennoot in die prokureurspraktyk op die dorp is en die kinders vir etlike jare steeds vir die somer en wintervakansies sou terugkeer na familie in die distrik of die naburige [[Calvinia]] distrik. In [[Kaapstad]] ontvang hy sy laer- en hoërskoolopleiding hoofsaaklik aan die Engelstalige South African College School, waar hy in 1930 matrikuleer. Sy matriek resultate sluit twee onderskeidings in en hy verower hiermee ’n studiebeurs. Op hoërskool dien hy vir ’n tyd op die redaksie van die skooltydskrif ''The South African College Magazine'', waarin daar van sy eerste gedigte verskyn, terwyl hy ook dien op die komitee van die Literary and Debating Society. In hierdie tyd ontvang hy musieklesse van ’n [[Duitsers|Duitse]] dame, wat sy belangstelling in verskeie ander aspekte van die [[Wes-Europese Somertyd|Wes-Europese]] kultuur prikkel. Skoolvakansies bring hy meestal deur op sy oupa Van Wyk se plaas Gunsfontein naby Sutherland.
|
<urn:uuid:8d5b6277-ea4d-4db6-a4a4-bc4bd99abbff>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/1559062
|
2019-07-15T22:55:53Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524254.28/warc/CC-MAIN-20190715215144-20190716000514-00021.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999998
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Musa Dagh
Musa Dagh (Turks: Musa Dağı; Armeens: Մուսա լեռ, Musa leṛ;[1] Arabies: جبل موسى Jebel Musa; beteken "Moses se Berg") is 'n berg in die provinsie Hatay in Turkye. In 1915 het die plaaslike Armeense bevolking op die berg suksesvol verdedig teen die Armeense Volksmoord. Hierdie gebeurtenis het die Oostenrykse skrywer Franz Werfel geïnspireer om die roman "Die Veertig Dae van Musa Dagh" te skryf wat die verhaal van die Armeense Volksmoord aan die wêreld bekendgestel het.
Geskiedenis[wysig | wysig bron]
Die Ottomaanse amptenare van die streek het 'n amptelike opdrag van die Turkse regering ontvang om die inwoners van ses Armeense dorpe: Kabusia (Kaboussieh), Yoghunoluk, Bitias, Vakef, Kheter Bey (Khodr Bey) en Haji Habibli uit die streek te verdyf. Dit was deel 'n wyer operasie wat sedert 1915 deur die Ottomane uitgevoer is. Tydens die opmars van die Turkse troepe het die Armeense bevolking van die dorpe, wat bewus was van die dreigende gevaar, skuiling gaan soek op die Musa Dagh en vir drie en vyftig dae die aanvalle van die Turkse weermag weerstaan. Omtrent 250 mans het aan die verdediging van die Musa Dagh teen die Turkse weermag in Junie 1915 deelgeneem. Een van die leiers van die Armeense verdediging was Movses Der Kalousdian, wie se Armeense naam dieselfde was as dié van die berg. Geallieerde skepe, veral die Franse 3de Eskader wat in die Middellandse see onder die bevel van Louis Dartige du Fournet was, het die geveg bemerk net toe die oorlewendes se ammunisie en voedsel besig was om op te raak. Die oorlogskepe het die oorlewendes gered en hulle dan na veiligheid na Port Said in Egipte gebring. Die Franse en Britse skepe, beginnende met die Guichen, het altesaam 4,200 mans, vroue en kinders van die Musa Dagh ontruim.[2]
Toe die Sanjak van Alexandretta in 1918 onder Franse beheer gekom het, het die meeste van die inwoners van die ses Armeense dorpe teruggekeer na hul huise.
Om die gebeurtenis te herdenk is in 1932 'n monument bo-op die berg opgerig om die gebeurtenis te herdenk. Op die 29 Junie 1939 is die provinsie ingevolge 'n ooreenkoms tussen Frankryk en Turkye aan Turkye teruggegee. Daarna het die meeste Armeniërs uit ses van die dorpe uit Hatay geëmigreer. Sommige van die inwoners van die dorp Vakıflı het gekies om te bly. Vakıflı is die enigste oorblywende etniese Armeense dorp in Turkye, met 'n bevolking van slegs 140 Turks-Armeniërs. Die meeste mense wat Hatay in 1939 verlaat het, het na Libanon geëmigreer waar hulle hulself in die munisipaliteit van Anjar hervestig het. Vandag, is die munisipaliteit van Anjar in ses distrikte verdeel, elkeen ter herdenking van een van die dorpe om die Musa Dagh.
Tydens die Franse die oorlewendes in 1915 gered het, het die Armeense hoofpriester aangehaal wat gesê het: "Die bose het net gebeur ... om vir die Here in staat te stel om ons sy genade te bewys."[3]
Die Veertig Dae van Musa Dagh[wysig | wysig bron]
Hierdie historiese gebeure het Franz Werfel geïnspireer om roman Die Veertig Dae van Musa Dagh (1933) te skryf, 'n fiktiewe verhaal gebaseer op Werfel se gedetailleerde ondersoek van historiese bronne. 'n Film met dieselfde naam is uitgereik in 1982.[4]
Werfel het aan verslaggewers gesê: "Die stryd van 5,000 mense op Musa Dagh het my so gefassineer dat ek die Armeense mense deur die skryf van die verhaal wou help deur die verhaal aan die wêreld mee te deel".[5]
Sien ook[wysig | wysig bron]
- Franco-Armeense verhoudings
- Die Veertig Dae van Musa Dagh
- Vakıflı
Verwysings[wysig | wysig bron]
- Adalian, Rouben. Historical Dictionary of Armenia. p. 449.
- The new presence by Nadace M.J. Stránského, p.14
- Franz Werfel, the faith of an exile: from Prague to Beverly Hills By Lionel Bradley Steiman, page 86
- http://www.imdb.com/title/tt0138989/
- Bobelian, Michael. Children of Armenia: a forgotten genocide and the century-long struggle for justice. p. 83.
|
<urn:uuid:8013be9d-4d63-45eb-bc96-a3b2a2b4a925>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Musa_Dagh
|
2019-07-20T22:10:07Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526714.15/warc/CC-MAIN-20190720214645-20190721000645-00387.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999937
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Wikipedia:Voorbladartikel week 50 2009
Die Aarde is die derde planeet van die Son af. Dit is die tuiste van miljoene spesies, waaronder ook die mens, en is die enigste plek in die heelal waar, sover kennis strek, lewe bestaan. Ongeveer 71% van die oppervlak word deur oseane bedek en die res deur kontinente en eilande. Die Aarde se binnenste dele is steeds aktief, met 'n dik mantellaag (wat relatief solied is), 'n vloeibare buitekern (wat die magneetveld skep) en 'n binnekern wat uit soliede yster bestaan.
Die Aarde is in wisselwerking met ander voorwerpe in die ruimte, soos die Son en die Maan. Vir elke een keer wat die Aarde om die Son wentel, wentel dit ook ongeveer 366,26 keer om sy eie as; hierdie tydperk staan as 'n sterrejaar bekend. Die Aarde het 'n skuins as: dit lê in 'n helling van 66,6 grade ten opsigte van sy baanvlak en dit is hierdie skuinste van die as wat tot die verskillende seisoene in 'n jaar lei. Die Aarde se natuurlike satelliet, die Maan, is verantwoordelik vir die getye van die oseane. Verder stabiliseer die Maan die Aarde se as en vertraag hy stadigaan die planeet se omwenteling.
|
<urn:uuid:3fe63556-cb08-48b8-8d09-fa09925eb866>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Wikipedia:Voorbladartikel_week_50_2009
|
2019-07-18T11:19:13Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525627.38/warc/CC-MAIN-20190718104512-20190718130512-00115.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 1.000007
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Bespreking:Toyota Corolla (E120)
Jump to navigation
Jump to search
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Toyota Corolla (E120)-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. |
Artikelriglyne
Daaglikse bladtrekke | |
|
<urn:uuid:990aa24e-e288-49d9-bddb-27d2a07da153>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Toyota_Corolla_(E120)
|
2019-07-20T22:09:03Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526714.15/warc/CC-MAIN-20190720214645-20190721000645-00435.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999896
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
DR 877
DR 877, in die omgangstaal algemeen bekend as Fliegender Hamburger ("Vlieënde Hamburger"), was 'n dieselaangedrewe tweeledige spoorwa wat deur die Deutsche Reichsbahn-Gesellschaft (die spoorwegmaatskappy van die Duitse Ryk) vanaf 1933 op die roete tussen Berlyn en Hamburg gebruik is. Dit was die eerste stroombelynde trein wat vir 'n gereelde diens gebruik en van 'n verbrandingsenjin-spoorwa (oorspronklik DR 877, later modelreeks VT 04.0 van die Federale Duitse Spoorweë Deutsche Bundesbahn) voorsien is. Die spoorwa is in 1931 deur die Waggon- und Maschinenbau AG in Görlitz ontwerp en vervaardig.[1]
Die trein het oor 98 sitplekke in twee ruim tweedeklas-kompartemente en 'n verversingslokaal met vier sitplekke beskik. Om hul eksklusiwiteit te beklemtoon was die spoorwaens net soos die bekende Rheingold-sneltrein room- en perskleurig.
Die gereelde treindiens is op 15 Mei 1933 tussen die Berlynse stasie Lehrter Bahnhof en Hamburg se hoofstasie in bedryf gestel. Die afstand tussen dié twee stasies (286 kilometer) is in 'n reistyd van slegs 138 minute afgelê - 'n rekord wat eers 64 jaar later in Mei 1997 deur 'n ICE-hoëspoedtrein van die Deutsche Bahn AG (die huidige Duitse spoorwegmaatskappy) gebreek is.
Die Fliegende Hamburger is as prototipe vir 'n aantal soortgelyke sneltreindienste gebruik wat Berlyn voor die Tweede Wêreldoorlog met ander Duitse metropole soos Keulen, Frankfurt am Main, München en Stuttgart, asook Leipzig met Wesermünde (Bremerhaven) en Keulen verbind het. Vanweë die tekort aan dieselbrandstof, wat oorwegend vir militêre doeleindes benodig is, is die sneltreindienste gedurende die oorlog gestaak. Een van die dieselwaens word vandag in die Duitse Vervoermuseum in Neurenberg vertoon.
Verwysings[wysig | wysig bron]
- Hierdie artikel, of gedeeltes daarvan, is uit die volgende Wikipedia-artikel vertaal: Fliegender Hamburger
- Carl Asmus: Die Deutsche Eisenbahn. Die Entwicklung des deutschen Schienenverkehrs von 1835 bis heute. Bath: Parragon Books (sonder jaargetal), bl. 237
|
<urn:uuid:5b37cf80-8808-4159-a4db-9a726ff91e30>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/DR_877
|
2019-07-16T00:44:48Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524290.60/warc/CC-MAIN-20190715235156-20190716021156-00523.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999277
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Bespreking:Gott, wie dein Name, so ist auch dein Ruhm, BWV 171
Jump to navigation
Jump to search
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Gott, wie dein Name, so ist auch dein Ruhm, BWV 171-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. |
Artikelriglyne
Daaglikse bladtrekke | |
|
<urn:uuid:641579f6-c68d-4196-af02-388014696504>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Gott,_wie_dein_Name,_so_ist_auch_dein_Ruhm,_BWV_171
|
2019-07-17T06:40:32Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525094.53/warc/CC-MAIN-20190717061451-20190717083451-00171.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.998611
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Die Eiland Wight (Engels: Isle of Wight) is ’n Engelse Kanaaleiland en graafskap sowat 8 km van die suidkus van die vasteland. Dit word van die vasteland geskei deur ’n seestraat genaam die Solent. Die eiland is sedert die Victoriaanse tydperk gewild as vakansiebestemming. Dit is bekend vir sy natuurskoon en seiljagvaart.
Die eiland het ’n ryk geskiedenis, onder andere ’n kort tydperk as ’n onafhanklike koninkryk in die 15de eeu. Dit was die tuiste van die digter Alfred lord Tennyson, en koningin Victoria van die Verenigde Koninkryk het haar geliefde somerwoning, Osborne House, daar laat bou. Sy is op 22 Januarie 1901 daar oorlede.
Eiland Wight | |
---|---|
Vlag Wapen |
Ligging in Engeland |
Seremoniële graafskap Eiland Wight | |
Hoofstad | Newport |
Oppervlakte | 384 km² |
Bevolking | 138 400 (2011) |
Bevolkingsdigtheid | 364 inw./km² |
Administratiewe (nie-metropolitaanse) graafskap | |
Streek | Eiland Wight |
Administratiewe setel | Newport |
ISO 3166-2: | GB-IOW |
Oppervlakte | 380,2 km² |
Bevolking | 138 400 (2011) |
Bevolkingsdigtheid | 364 inw./km² |
Webtuiste | www.iwight.com |
Distrikte en Unitêre owerhede | |
As een van die mees suidelike streke van die Verenigde Koninkryk het die eiland ’n warmer klimaat as die meeste ander dele. Dit het tot gevolg dat dit ’n gewilde toeriste-bestemming is, veral die oorde in die suidooste van die eiland. Dit het ook ’n langer groeiseisoen as die meeste dele van die VK.[1]
Jan | Feb | Mrt | Apr | Mei | Jun | Jul | Aug | Sep | Okt | Nov | Des | |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Gem. maksimum (°C) | 8 | 8 | 10 | 13 | 16 | 19 | 22 | 21 | 19 | 15 | 11 | 9 |
Gem. minimum (°C) | 1 | 1 | 2 | 3 | 7 | 9 | 11 | 11 | 9 | 7 | 3 | 2 |
Gem. (°C) | 4 | 4 | 6 | 8 | 11 | 14 | 16 | 16 | 14 | 11 | 7 | 5 |
Gem. reënval (mm) | 89 | 61 | 66 | 48 | 56 | 53 | 41 | 56 | 66 | 79 | 84 | 89 |
Berkshire (uitgespreek /ˈbɑrkʃər/) is 'n graafskap in die suide van Engeland, in die Verenigde Koninkryk. Die graafskap sluit in die stede van Reading, Slough en Windsor. Berkshire het 'n bevolking van 863 800 in 2011 gehad en is dus die 26ste grootste graafskap in die land.
Britse EilandeDie term Britse Eilande (Engels: British Isles, Iers-Gaelies: Éire agus an Bhreatain Mhór of Oileáin Iarthair Eorpa, Manx-Gaelies: Ny h-Ellanyn Goaldagh, Skots-Gaelies: Eileanan Bhreatainn, Wallies: Ynysoedd Prydain, Frans: Îles Britanniques) is die algemene naam vir die argipel, wat in die noordweste van Europa tussen die Atlantiese Oseaan en die Noordsee geleë is. Die eilandgroep sluit in Groot-Brittanje, Ierland, die Hebride, Shetland, Orkney, Anglesey en die Eiland Man in die Ierse See, die Eiland Wight in die Engelse Kanaal, die Scilly-eilande in die Keltiese See en soms ook die Kanaaleilande voor die kus van Frankryk, maar nie die Faroëreilande tussen Skotland en Ysland nie.Die term Britse Eilande beskik uit politiese, historiese en kulturele redes 'n lae selektiwiteit. Aan die een kant is die affiliasie van Ierland polities omstrede, alhoewel dit geografies deel uitmaak van die argipel. Aan die ander kant word die Kanaaleilande in die Engelse Kanaal, wat geografies tot die Europese vasteland behoort, polities toe die Britse Eilande gereken.
Die geskiedenis van die term Britse Eilande dui daarop, dat die naam van die antieke pretaniese eilande afgelei is, alhoewel dit geen spesifieke vlotheid geniet het. Die herinvoering van die term is geassosieer met die territoriale ekspansionisme van die Engelse en Britse kroon.
Met Ierland en sonder die Kanaaleilandeomvat die argipel sowat 6 000 eilande en 'n oppervlakte van 315 134 km².
BuckinghamshireBuckinghamshire (uitgespreek /ˈbʌkɪŋəmʃər/ of /ˈbʌkɪŋəmʃɪər/) is 'n graafskap in Engeland, in die Verenigde Koninkryk. Die graafskap sluit in die stede van Milton Keynes en Aylesbury. Buckinghamshire het 'n bevolking van 756 600 in 2011 gehad en is dus die 30ste grootste graafskap in die land.
CambridgeshireCambridgeshire (uitgespreek /ˈkeɪmbrɪdʒʃər/) is 'n graafskap in oostelike Engeland, in die Verenigde Koninkryk. Die graafskap sluit in die stede van Cambridge, Ely en St Ives. Cambridgeshire het 'n bevolking van 806 700 in 2011 gehad en is dus die 28ste grootste graafskap in die land.
CarisbrookCarisbrook is 'n sportstadion in Dunedin, Nieu-Seeland. Dit is die stad se plaaslike en internasionale rugbystadion, maar is ook al gebruik vir ander sportsoorte soos krieket, sokker, rugbyleague en motocross. Carisbrook was het ook al 'n konsert van Joe Cocker aangebied asook voorwedstrydkonserte in die 1990's. In 2011 het Carisbrook sy deure gesluit om plek te maak vir die Forsyth Barrstadion by die Universiteitsplaza in Noord-Dunedin.
Die stadion het sedert die 1990's dag- en aandwedstryde aangebied. Dit staan plaaslik bekend as Die Brook en wêreldwyd soms as die House of Pain weens die feit dat rugbytoerspanne gesukkel het om oorwinnings te behaal in die stadion. Carisbrook is tydens die Rugbywêreldbeker 1987 en die Krieketwêreldbeker 1992 ingespan.
Die stadion is geleë in die Caversham-voorstad aan die voet van die Glen, 'n steil vallei, en lê tussen die Suid-Eiland hoofspoorlyn en Hillside Ingenieurswerke. Die stadsentrum is ongeveer 3 kilometer noordoos van die stadion en die Staatsnelweg 1 loop naby die noordelike grens van die stadion verby.
Carisbrook is vernoem na die landgoed van 'n vroeë koloniale setlaar, James Macandrew (die landgoed is vernoem na 'n kasteel in die Eiland Wight). Die stadion is ontwikkel gedurende die 1870's en is die eerste keer gebruik vir 'n internasionale krieketwedstryd in 1883 toe Otago teen 'n span van Tasmanië gespeel het. Sedert 1908 word internasionale rugbywedstryde op die stadion gespeel en sedert 1955 word krieket op 'n meer gereelde basis gespeel.
Die stadion was die tuisveld van die Highlanders in die Super 14 en Otago in die Air New Zealand-beker wat na Forsyth Barr-stadion verhuis het. Dit was vroeër ook die tuisveld van Otago krieket (wat na die Universiteitsovaal te Loganpark verhuis het in die vroeë 2000's) en die Otago sokkerspan in die Nieu-Seelandse Sokkerkampioenskap (wat in die 2008-'09-seisoen na Sunnyvalepark verhuis het).
DevonHierdie artikel handel oor die graafskap in Engeland. Vir ander gebruike, sien Devon (dubbelsinnig).Devon (uitgespreek /ˈdɛvən/) is 'n graafskap in suidwestelike Engeland, in die Verenigde Koninkryk. Die graafskap sluit in die stede van Exeter, Plymouth en Torquay. Devon het 'n bevolking van 1 141 600 en is dus die 11de grootste graafskap in die land.
EngelandHierdie artikel handel oor die huidige land binne die Verenigde Koninkryk. Vir die historiese koninkryk, sien Koninkryk van Engeland.Engeland (Engels: England) is die grootste en bevolkingsrykste van die vier nasies wat saam die Verenigde Koninkryk vorm. Dit word in die noorde deur Skotland en in die weste deur Wallis begrens. Die Noordsee is oos, die Ierse See noordwes en die Keltiese See suidwes van Engeland geleë. Die Noordsee in die ooste en die Engelse Kanaal in die suide skei Engeland van die Europese vasteland.
Engeland beslaan die sentrale en suidelike dele van die Noord-Atlantiese eiland Groot-Brittanje. Meer as 100 kleiner eilande maak daarnaas deel uit van Engeland, waaronder die Scilly-eilande en die Eiland Wight.
Menslike gemeenskappe het hulle al in die Jongsteentydperk in die gebied gevestig wat tans as Engeland bekend staan, maar dit was die Angele, een van die Germaanse stamme wat hulle in die 5de en 6de eeu op die eiland gevestig het, wat hul naam aan die land verleen het. In 927 is die verskillende klein koninkryke in 'n gemeenskaplike Engelse Ryk verenig.
Vanaf die groot ontdekkingstydperk in die 15de eeu het Engeland beduidende kulturele, regtelike, ekonomiese en uiteindelik ook taalkundige invloed op ander wêrelddele uitgeoefen. Die Engelse regstelsel is net soos die Anglikaanse Kerk en die Engelse taal in ander lande oorgeneem, terwyl die Engelse parlementêre regeringstelsel as voorbeeld vir staatkundige bedelings in ander lande gedien het. Engeland was in die 18de eeu ook die bakermat van die nywerheidsomwenteling wat van hier na ander Europese en uiteindelik ook oorsese lande uitgebrei het en van Engeland die eerste nywerheidsland ter wêreld gemaak het.
Leidende Engelse nywerheidstede soos Manchester, Birmingham en Liverpool het grondstowwe, wat uit alle hoeke van die wêreld na Engeland ingevoer is, tot goedere verwerk wat wêreldwyd bemark is, terwyl Londen as hoofstad en regeringsetel tot een van die wêreld se voorste metropole en die politieke, ekonomiese en kulturele spilpunt van die Britse Ryk ontwikkel het. Vandag beslaan die metropolitaanse gebied van Groter Londen groot dele van Suidoos-Engeland en speel steeds 'n eersterangse ekonomiese rol as die finansiële spilpunt van Europa en as die sentrum van innovasie op 'n verskeidenheid terreine – veral populêre kultuur.
Engelse KanaalDie Engelse Kanaal (Bretons: Mor Breizh, "Bretonse See"; Engels: English Channel; Frans: La Manche, "die mou"; Kornies: Mor Bretannek, "Britse See") verbind die Keltiese See met die Noordsee en is geleë tussen die Europese vasteland met Frankryk in die suide en die Britse Eilande met Engeland in die noorde.
Die Kanaaleilande Guernsey en Jersey is in die suide naby die kus van Frankryk geleë en die Eiland Wight in die noorde digby die kus van Engeland. Die belangrikste rivier, wat in die kanaal vloei, is die Seine en die grootste stede is Bournemouth, Brighton, Plymouth, Portsmouth, Poole, Southampton en Weymouth in die Verenigde Koninkryk en Le Havre in Frankryk.
Die sowat 560 km lange Engelse Kanaal is 'n verlengde inlaat van die Atlantiese Oseaan ná die ooste en vernou soos 'n menslike arm of mou. Dit is hoogstens 240 km wyd en die smalste plek in die Straat van Dover of Straat van Calais tussen Dover en Calais is 34 km wyd. Die Engelse Kanaal het in die weste 'n gemiddelde diepte van 120 m en in die ooste naby die Noordsee 45 m. Die Franse département Manche grens teen die middel van die Kanaal en is daarna genoem.
EssexEssex (uitgespreek /ˈɛsɨks/) is 'n graafskap in die suidooste van Engeland, in die Verenigde Koninkryk. Die graafskap het 'n bevolking van 1 729 200 in 2011 gehad, en sy hoofstad, Chelmsford, het 'n bevolking van sowat 120 000. Die naam beteken Oos-Sakse en is soortgelyk aan Sussex (Suid-Sakse) en die voormalige graafskappe van Wessex (Wes-Sakse) en Middlesex (Middel-Sakse).
HampshireHampshire (soms ook Southamptonshire genoem) is 'n graafskap in die suide van Engeland in die Verenigde Koninkryk. Die seremoniële graafskap sluit in die stede van Southampton en Portsmouth, maar om administratiewe doeleindes beskik hierdie twee stede oor unitêre owerhede (unitary authorities).
Die seremoniële graafskap het 'n bevolking van 1,8 miljoen in die 2011-sensus gehad en die administratiewe graafskap 'n bevolking van 1,32 miljoen. Die seremoniële graafskap is die 5de grootste graafskap in die land. Die oppervlakte van die seremoniële graafskap is 3 769 km² en die administratiewe graafskap 3 679 km².
HertfordshireHertfordshire (uitgespreek /ˈhɑrtfərdʃɪər/ of /ˈhɑrfərdʃər/) is 'n graafskap in Engeland, in die Verenigde Koninkryk. Die graafskap sluit in die stede en dorpe van Hertford, Watford, Hemel Hempstead en Stevenage.
Hertfordshire het 'n geskatte bevolking van 1 180 900 in 2017 gehad en is dus die 36ste grootste graafskap in die land.
JuteDie Jute (soms ook Jutte of Jutlanders) was 'n Germaanse volk van wie geglo word dat hulle oorspronklik in Jutland (Deens Jylland) in moderne Denemarke en dele van die Frieslandkus gewoon het. Die Jute, saammet die Angelle, Sakse en Friese, was van die eerste Germane wat oor die Noordsee geseil het en Engeland van die laat 4de eeu af ingeval het. Volgens die Eerbiedwaardige Beda, het hulle, hulle op die ou einde in Kent, Hampshire en op die eiland Wight gevestig. Daar is 'n aantal plekname wat dui op die teenwoordigheid van Jute in die gebiede, soos Ytene, wat Florence van Worcester as die destydse Engelse naam vir New Forest beskryf.
Terwyl Jutse invloede in Kent (b.v., die tradisionele gebruik van deelbare oorerwing wat bekend staan as gavelkind) algemeen uitgewys word, het die Jute in Hampshire en op die eiland Wight verdwyn, en het slegs die geringste tekens van hulle teenwoordigheid daar bewaar gebly. Een onlangse vakkundige, Robin Bush, voeraan dat die Jute van Hampshire en die eiland Wight die slagoffers van 'n beleid van etniese suiwering deur die Wes-Sakse was. Dit is egter nog nie 'n uitgemaakte saak nie en is besprekingspunt onder akademici.
Daar word geglo dat van die Jute in hulle kontinentale tuisland gebly het en dat hulle die inheemse bevolking van die moderne Jutland (Denemarke) geword het.
KentHierdie artikel handel oor die graafskap in Engeland. Vir die Sweedse musiekgroep, sien Kent (musiekgroep).Kent is 'n graafskap in die suidweste van Engeland, in die Verenigde Koninkryk. Die graafskap het 'n geskatte bevolking van 1 832 300 in 2017 gehad.
LincolnshireLincolnshire (uitgespreek /ˈlɪŋkənʃər/ of /ˈlɪŋkənʃɪər/) is 'n graafskap in Engeland, in die Verenigde Koninkryk. Die graafskap grens aan Norfolk, Cambridgeshire, Rutland, Leicestershire, Nottinghamshire, Suid-Yorkshire en Oos-Yorkshire.
Lincolnshire het 'n geskatte bevolking van sowat 1 082 300 in 2017 gehad en is dus die 18de grootste graafskap in die land.
MendiDie Mendi was 'n troepskip wat vergaan het op 21 Februarie 1917. Die skip het behoort aan die Elder-Dempster-redery. Sy het gesink nadat sy gebots het met die SS Darro om 05:00 die oggend. Dit veroorsaak 'n gat van 20m by 20m aan die stuurboordkant. Daar was 'n groot aantal nie-blanke Suid-Afrikaanse soldate van die Native Labour Corps aan boord waarvan nagenoeg 805 dood is. Dit is merkwaardig dat die nuus die afgeleë krale bereik het dae voordat die amptelike verslag per kabel ontvang was. Die ongeluk het gebeur naby die Eiland Wight in die Engelse Kanaal.
NorthamptonshireNorthamptonshire (uitgespreek /nɔrˈθæmptənʃər/) is 'n graafskap in Engeland, in die Verenigde Koninkryk. Die graafskap sluit in die stede van Northampton, Kettering en Corby.
Northamptonshire het 'n geskatte bevolking van 741 200 in 2017 gehad (waarvan 95,1% Blank was) en is dus die 33ste grootste graafskap in die land.
OxfordshireOxfordshire (uitgespreek /ˈɒksfərdʃər/, dikwels afgekort tot Oxon) is 'n graafskap in Engeland, in die Verenigde Koninkryk. Die graafskap grens aan Northamptonshire, Buckinghamshire, Berkshire, Wiltshire, Gloucestershire en Warwickshire.
Oxfordshire het 'n geskatte bevolking van 682 400 in 2017 gehad en is dus die 35ste grootste graafskap in die land.
SuffolkSuffolk (uitgespreek /ˈsʌfək/) is 'n graafskap in oostelike Engeland, in die Verenigde Koninkryk. Die graafskap sluit in die stede van Ipswich, Felixstowe en Lowestoft.
Suffolk het 'n geskatte bevolking van 757 000 in 2017 gehad, (waarvan 97,2% Blank was) en is dus die 31ste grootste graafskap in die land.
Wes-MidlandsDie Wes-Midlands (Engels: West Midlands) is 'n metropolitaanse graafskap in Engeland (Verenigde Koninkryk). Die graafskap sluit die stede Birmingham, Coventry en Wolverhampton in.
Die Wes-Midlands het 'n geskatte bevolking van 2 897 300 in 2017 gehad.
Bedfordshire • Berkshire • City of Bristol • Buckinghamshire • Cambridgeshire • Cheshire • Cornwall • Cumbria • Derbyshire • Devon • Dorset • Durham • Eiland Wight • Essex • Gloucestershire • Groter Londen • Groter Manchester • Hampshire • Herefordshire • Hertfordshire • Kent • Lancashire • Leicestershire • Lincolnshire • City of London • Merseyside • Noord-Yorkshire • Norfolk • Northamptonshire • Northumberland • Nottinghamshire • Oos-Sussex • Oos-Yorkshire • Oxfordshire • Rutland • Shropshire • Somerset • Staffordshire • Suffolk • Suid-Yorkshire • Surrey • Tyne and Wear • Warwickshire • Wes-Midlands • Wes-Sussex • Wes-Yorkshire • Wiltshire • Worcestershire |
|
<urn:uuid:c0e5b048-a32f-4685-8a5b-f0c46b7a5e5b>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://howlingpixel.com/i-af/Eiland_Wight
|
2019-07-23T13:26:21Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529406.97/warc/CC-MAIN-20190723130306-20190723152306-00139.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
a_tag
| false
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999933
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
false
],
"location": [
"a_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Verwante veranderings
Jump to navigation
Jump to search
Tik 'n bladsynaam om veranderinge aan bladsye te sien wat daarvan of daarheen skakel. (Om inskrywings van 'n kategorie te sien, tik Kategorie:Naam van kategorie). Veranderinge aan bladsye op u dophoulys word in vetdruk aangedui.
Lys van afkortings:
- N
- Met die wysiging is 'n nuwe bladsy geskep. (sien ook die lys van nuwe bladsye)
- k
- Hierdie is 'n klein wysiging
- b
- Hierdie wysiging is deur 'n bot gemaak
- D
- Wikidata-wysiging
- (±123)
- Bladsy is met die aantal grepe gewysig
19 Julie 2019
- Kruistog; 19:29 +23 Sobaka →Geskiedkundige agtergrond: skakel k
- Kruistog; 19:27 +12 Sobaka →Geskiedkundige agtergrond: Skakel k
18 Julie 2019
- Frankryk; 10:07 +63 Voyageur →Geloof Etiket: 2017-bronwysiging k
- Frankryk; 09:58 +323 Voyageur →Geloof Etiket: 2017-bronwysiging k
- Frankryk; 09:53 +283 Voyageur →Geloof Etiket: 2017-bronwysiging k
17 Julie 2019
- Atlantiese Oseaan; 20:45 +82 SpesBona + Kaart & Encyclopædia Britannica k
- Engeland; 18:30 +325 SpesBona →Sport: Bygewerk
|
<urn:uuid:c855097b-33ff-4296-ab14-f8fb3e1e4796>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:OnlangseVeranderingsMetSkakels/Industri%C3%ABle_Revolusie
|
2019-07-23T13:38:10Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529406.97/warc/CC-MAIN-20190723130306-20190723152306-00379.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999627
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Allister Sparks
Allister Sparks | |
Geboortenaam | Allister Haddon Sparks |
---|---|
Gebore | 10 Maart 1933 Cathcart, Oos-Kaap |
Oorlede | 19 September 2016 (op 83) Johannesburg, Gauteng |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Joernalis en skrywer |
Bekend vir | sy redaksie by Rand Daily Mail gedurende die 1970's |
Allister Sparks (10 Maart 1933 – 19 September 2016) was 'n koerantman en voormalige redakteur van die Rand Daily Mail. Hy is in Cathcart, Oos-Kaap gebore en matrikuleer in Queenstown. Sy eerste werk as joernalis was by die Daily Representative waar hy sy eerste berig op 1 Februarie 1951 geskryf het.
Bron[wysig | wysig bron]
- 'Strate toe' – en daar kry hy hart van storie. Rapport, 25 September 2016.
|
<urn:uuid:cefb90a0-08ed-4b0c-bad5-02ed9a8e7054>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Allister_Sparks
|
2019-07-17T08:50:14Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525133.20/warc/CC-MAIN-20190717081450-20190717103450-00379.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.99983
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Musina
Musina voorheen Messina |
Musina se ligging in Limpopo
Koördinate: Koördinate: | |
Land | Suid-Afrika |
---|---|
Provinsie | Limpopo |
Distrik | Vhembe |
Munisipaliteit | Musina |
Stigting | 1968 |
Oppervlak[1] | |
- Dorp | 109,38 km² (42,2 vk m) |
Bevolking (2011)[1] | |
- Dorp | 42 678 |
- Digtheid | 390/km² (1 010,1/myl2) |
Rasverdeling (2011)[1] | |
• Blank | 5.1% |
• Indiër/Asiër | 0.7% |
• Kleurling | 0.4% |
• Swart | 93.3% |
• Ander | 0.5% |
Taal (2011)[1] | |
• Venda | 48.8% |
• Sotho | 11.7% |
• Noord-Sotho | 10.4% |
• Engels | 5.4% |
• Ander | 23.7% |
Poskode (strate) | 0900 |
Skakelkode(s) | 015 |
Webwerf: http://www.musina.gov.za |
- Hierdie artikel handel oor 'n dorp in die noorde van Suid-Afrika. Vir die stad in Italië, sien Messina.
Messina of Musina, is 'n dorp in die noorde van Suid-Afrika in die Limpopoprovinsie. Musina het 'n bevolking van sowat 43 000 mense. Die N1 nasionale pad gaan deur Musina; noord na Beitbrug en suid na Louis Trichardt. Musina is die noordelikste dorp in Suid-Afrika en is 2 000 km vanaf Kaapstad.
Vroeëre geskiedenis[wysig | wysig bron]
Daar is genoegsame aanduidings dat yster en koper reeds in prehistoriese tye hier gemyn is. Die eerste blanke prospekteerders en myners het baie tonnels, skagte en uitskothope gevind. Onlangs is yster ontgin deur mense wat as die Musina bekend geword het. In Venda beteken dit die bederwer. Die Musina het hul vroue al die werk laat doen. Hulle het skagte gegrawe met ystergrawe en die erts is met mandjies opgehys. Dit is fyngekap met hamers en in oonde gevoer wat toegerus was met blaasbalke. Gietstukke wat so gemaak is, is gebruik as geld of ruilmiddels. Koper is ook gebruik om kombuisgereedskap te maak. Dit is onbekend hoekom die Musina die gebied verlaat, of uitgesterf het.
Geskiedenis[wysig | wysig bron]
Na die Tweede Vryheidsoorlog het John Grenfell prospekteerwerk in die omgewing gedoen, nadat hy van die antieke myne te hore gekom het. Hy het 'n maatskappy gestig en later ontdek dat die plaas Berkenhead 'n berg van koper was. Die Messina Development Company is in 1905 gestig om sowel die myne as die dorp te ontwikkel. Die dorp is in 1915 geproklameer en het in 1968 'n munisipaliteit geword.
Distrik[wysig | wysig bron]
Die distrik is ongeveer 6 000 km2 groot. Sitrus, subtropiese vrugte en groente - langs die Limpoporivier - is van die belangrikste gewasse wat in die distrik verbou word. Veeboedery maak ook 'n groot bydrae. Die distrik is ook bekend vir sy kremetartbome. Daar is 'n kremetartreservaat van ongeveer 150 km2 om die dorp verklaar. Daar is 'n kremetartboom op die plaas Nonsiang wat ongeveer 26 m hoog is met 'n omtrek van 19 m en is waarskynlik 4 500 jaar oud.
Sien ook[wysig | wysig bron]
Bron[wysig | wysig bron]
- "Hoofplek Musina". Sensus 2011.
|
<urn:uuid:22d96b94-9298-489b-9e4f-c98ef3b0015f>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Messina,_limpopo
|
2019-07-19T21:02:30Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526359.16/warc/CC-MAIN-20190719202605-20190719224605-00187.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999938
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Arden Cho
Jump to navigation
Jump to search
Arden Cho | |
Geboorte | 16 Augustus 1985 |
---|---|
Nasionaliteit | Amerikaans |
Beroep(e) | Aktrise en vervaardiger |
Aktiewe jare | 2004–nou |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Arden Cho (gebore 16 Augustus 1985) is 'n Amerikaanse aktrise en vervaardiger. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprent The Honor List (2018) en in die televisiereekse Hawaii Five-0 (2010), Teen Wolf (2011), en Chicago Med (2015).
Filmografie[wysig | wysig bron]
Rolprente[wysig | wysig bron]
- 2008: Hoodrats 2: Hoodrat Warriors
- 2017: Stuck
- 2018: The Honor List
- Flexx
- Joon
Televisiereekse[wysig | wysig bron]
- 2010: Hawaii Five-0
- 2010: Ktown Cowboys
- 2011: Teen Wolf
- 2013: The Girlfriend
- 2015: Chicago Med
- 2016: Miss 2059
- 2016: Tween Fest
Video's[wysig | wysig bron]
- 2009: Layover, on the Shore
|
<urn:uuid:26eb196e-b828-4747-b270-0211f80bd6b9>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Arden_Cho
|
2019-07-19T20:59:23Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526359.16/warc/CC-MAIN-20190719202605-20190719224605-00211.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.976039
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Harry Frederick Oppenheimer
Harry Oppenheimer | |
Geboortenaam | Harry Frederick Oppenheimer |
---|---|
Gebore | 28 Oktober 1908 Kimberley |
Oorlede | 19 Augustus 2000 Johannesburg |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Ouers | Ernest Oppenheimer May Pollack |
Beroep | Besigheidsman |
Bekend vir | Mynmagnaat |
Oppenheimer was die seun van May Pollack[1] en Ernest Oppenheimer. Hy is gebore in 'n geassimileerde Joodse familie van Duitse oorsprong in Kimberley, die oorspronklike gebied waar diamante gemyn is, maar leef vir die grootste deel van sy lewe in Johannesburg. Toe hy dertien word het hy 'n formele Bar mitzvah-seremonie in 'n sinagoge in Kimberley ontvang, maar neem die Christelike geloof met sy troue aan.
Nadat hy laerskool in Johannesburg voltooi het, woon hy die Charterhouse School in Engeland by. Daarna skryf hy in aan Christ Church, Universiteit van Oxford en gradueer in 1931 in filosofie, politiek en ekonomie.
|
<urn:uuid:98e666cc-69cc-4e9d-afd7-7026016b392a>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Harry_Oppenheimer
|
2019-07-16T04:24:52Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524502.23/warc/CC-MAIN-20190716035206-20190716061206-00387.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999496
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
1526
jaar
1526 |
◄ | 15de eeu | ◄16de eeu► | 17de eeu | ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1526 |
Kalenders | |
Sultan Ibrahim Lodhi | |
Die jaar 1526 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 26ste jaar van die 16de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
GebeureWysig
- 21 April – Eerste slag van Panipat. Babur gebruik sy kanonne om Ibrahim Lodhi, die vors van Delhi, te verslaan. Dit is die begin van die Mogolryk van Indië wat drie eeue sal bestaan.[1]
- 22 Mei – Pous Clemens VII sluit aan by die Liga van Cognac.
- 29 Augustus – Die Slag van Mohács vind plaas tussen die Hongaarse leër en die Ottomaanse leër.
GeboortesWysig
SterftesWysig
- Ibrahim Lodhi, die laaste vors van Delhi uit die Afgaanse Lodhi-dinastie.
|
<urn:uuid:d641bbfa-f9c2-4cbf-8913-76727072e7a9>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/1526
|
2019-07-19T21:38:41Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526359.16/warc/CC-MAIN-20190719202605-20190719224605-00331.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999946
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Kategorie:Doetinchem
Jump to navigation
Jump to search
Bladsye in kategorie "Doetinchem"
Die volgende 14 bladsye is in hierdie kategorie, uit 'n totaal van 14.
Die volgende 14 bladsye is in hierdie kategorie, uit 'n totaal van 14.
|
<urn:uuid:e35a3661-5eea-4b30-a001-e909817ec895>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Doetinchem
|
2019-07-17T10:45:40Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525136.58/warc/CC-MAIN-20190717101524-20190717123524-00203.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999292
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
Hans van Oort
Hans van Oort | |
Geboortenaam | Johannes van Oort |
---|---|
Gebore | 4 September 1949 |
Nasionaliteit | Nederland |
Vakgebied | patristiek en gnostiek |
Instelling(s) | Radboud Universiteit Nijmegen en Universiteit van Pretoria |
Hy is veral bekend vir sy spesialiteit in die bestudering van die Kerkvader Augustinus, die gnostiese wêreldgodsdiens van Mani (Manicheïsme), en die Evangelie van Judas.[1] In 2006 tree hy vir National Geographic as aanbieder van ’n program vir die Nederlands-sprekende wêreld op wat handel oor die ontdekking van hierdie gnostiese “evangelie.”[2]
Inhoud
Biografie[wysig | wysig bron]
Van Oort studeer Latyn en Grieks, en daarna Teologie, aan die Universiteit van Utrecht. Hier promoveer hy ook met hoogste lof vir sy tesis “Jeruzalem en Babylon: Een onderzoek van Augustinus’ De stad van God en de bronnen van zijn leer van de twee steden (rijken)” (1986), waarvan in 1995 ’n vierde Nederlandse uitgawe die lig sien. Die Engelse weergawe verskyn in 1991 as Jerusalem and Babylon: A Study of Augustine’s City of God and the Sources of his Doctrine of the Two Cities, en is in 2013 as sagteband weergawe herdruk deur Brill Academic Publishers, Leiden-Boston.
Van Oort is sedert 1972 by hoër onderwys betrokke: By Utrecht Universiteit is hy van 1980–1983 navorsingsgenoot in Kerkgeskiedenis, en van 1983–1987 dosent in Godsdienstige Pedagogiek en Didaktiek. Gedurende hierdie tyd tree hy ook op as navorser vir die Nederlandse Navorsingsgenootskap ZWO (nou NOW), en as redakteur van ’n onderwysblad. In 1987 word hy aangestel as Senior Navorsingsgenoot van die Koninklijke Nederlandse Akademie van Wetenschappen (KNAW) vir navorsing op die gebied van Augustinus en die bronne vir sy teologie. Op sy aanstelling in 1992 as senior dosent in Kerk- en Dogmageskiedenis volg sy aanstelling in 1999 as buitengewonde professor in Gnostiese Studies by Nijmegen Universiteit, waar hy voltydse professor word in 2000.
Gnostiese Studies en Augustinus[wysig | wysig bron]
Van Oort se bestudering van Augustinus en die bronne van sy teologie het hom tegelykertyd ’n spesialis gemaak op die gebied van Gnostiese Studies, in besonder die gnostiese wêreldkerk van Mani (216-276/7). As sulks dien hy as lid van die International Association of Manichaean Studies, eers as sekretaris (1993 tot 2001) en later as voorsitter (2001–2009). In hierdie hoedanigheid vorm hy deel van 'n groep academici wat inisiatief neem om die vele Manicheënse bronne – wat op hierdie stadium wêreldwyd versprei was – te publiseer as deel van die Corpus Fontium Manichaeorum, ’n projek wat wye steun geniet van beide wetenskaplike genootskappe en UNESCO.
Van Oort is lid van ’n wye verskeidenheid internasionale organisasies en wetenskaplike genootskappe, en is in 1998–1999 besoekende professor in Oxford, London en Warwick, in diens van die Britse Akademie.
’n Indrukwekkende aantal boektitels (25) verskyn uit Van Oort se pen, meestal rondom die onderwerp van Augustinus en die gnostiese wêreldkerk van Mani. ’n Geselekteerde bibliografie kan gevind word in ’n Feesbundel van 800 bladsye wat in 2011 aan hom opgedra word: In Search of Truth: Augustine, Manichaeism and other Gnosticism: Studies for Johannes van Oort at Sixty (Leiden-Boston: Brill, 2011).
Van Oort dien tans, onder andere, as besturende direkteur van Brill se Nag Hammadi and Manichaean Studies, as mede-redakteur (en boekresensie redakteur) van die tydskrif in Patristiek Vigiliae Christianae: A Review of Early Christian Life and Language, as mede-redakteur van die Corpus Fontium Manichaeorum (Brepols, Turnhout), en as redakteur van die reeks Studies of the [German] Patristic Association / Studien der Patristischen Arbeitsgemeinschaft (Peeters, Leuven).
Van Oort se poëtiese vertaling van fragmente van Augustinus se Confessiones (Bij God lééft ons goed: Bidden met Augustinus [Leiden: Groen, 1993]) is deur die Utrechtse komponis Theo Teunissen getoonset, en uitgevoer deur genote van die Utrecht Convervatorium. Die kerkmusikus Leo Köhlenberg het ook Van Oort se vertaling van die Evangelie van Judas verwerk as die Oratorium Iskarioth.
Van Oort se mees onlangse publikasie is die geredigeerde volume: Augustine and Manichaean Christianity. Selected Papers from the First South African Conference on Augustine of Hippo, University of Pretoria, 24-26 April 2012 (Nag Hammadi and Manichaean Studies 83; Leiden-Boston: Brill, 2013).
Bronne, notas en/of verwysings[wysig | wysig bron]
- Brill: Vigiliae Christianae
- Brill: Nag Hammadi and Manichaean Studies
- Brill: Supplements to Vigiliae Christianae
- Brepols: Corpus Fontium Manichaeorum
- International Association of Manichaean Studies
- Peeters: Studien der Patristischen Arbeitsgemeinschaft
- Dagblad Trouw in ’n artikel oor Van Oort.
- National Geographic oor die Evangelie van Judas.
|
<urn:uuid:0197da73-af3d-449b-8c54-902bd24e07f9>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Hans_van_Oort
|
2019-07-18T15:53:32Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525659.27/warc/CC-MAIN-20190718145614-20190718171614-00459.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.998874
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
|
James Madison
James Madison | |
---|---|
4de President van die Verenigde State | |
Ampstermyn | 4 Maart 1809 – 4 Maart 1817 |
Voorganger | Thomas Jefferson |
Opvolger | James Monroe |
Geboortedatum | 16 Maart 1751 |
Geboorteplek | Port Conway, Virginië |
Sterftedatum | 28 Junie 1836 |
Sterfteplek | Montpelier, Virginië |
Eerste Dame | Dolley Todd Madison |
Politieke party | Demokratiese Republikein |
Visepresident | George Clinton (1809–1812) geen (1812–1813) Elbridge Gerry (1813–1814) geen (1814–1817) |
Handtekening |
James Madison (* 16 Maart 1751, † 28 Junie 1836) was 'n Amerikaanse politikus en politieke filosoof wat tussen 1809 en 1817 die amp van President van die Verenigde State beklee het; hy was die vierde president. Hy word daarnaas as een van die Stigtingsvaders van die Verenigde State beskou. Tydens sy ampstermyn het Louisiana (30 April 1812) en Indiana (11 Desember 1816) die 18de en 19de deelstate van die Verenigde State van Amerika geword.
Madison het die belangrikste bydrae tot die Amerikaanse grondwet gelewer sodat na hom dikwels as die "Vader van die Grondwet" verwys word. In 1788 het hy meer as 'n derde van die Federalist Papers geskryf, 'n invloedryke kommentaar op die Amerikaanse grondwet.
Madison was die eerste president wat tot verteenwoordiger van die Amerikaanse Kongres verkies is. Hy was 'n leier in die 1ste Kongres van die Verenigde State waar hy talle basiese wette ontwerp het en ook verantwoordelik was vir die eerste tien wysigings van die grondwet (wat na bewering op Virginië se Verklaring van Menseregte gebaseer was). Derhalwe staan hy ook bekend as die "Vader van die Bill of Rights". As 'n politieke teoretikus het hy veral die oortuiging aangehang dat die nuwe republiek die regte van individue deur middel van wigte en teenwigte (checks and balances) teen 'n moontlike tirannie van die meerderheid moes beskerm.
As 'n leier in die Huis van Verteenwoordigers (House of Representatives) het Madison by die organisering van die nuwe federale regering nou saamgewerk met George Washington.
Washington | J. Adams | Jefferson | Madison | Monroe | J.Q. Adams | Jackson | Van Buren | W. Harrison | Tyler | Polk | Taylor | Fillmore | Pierce | Buchanan | Lincoln | A. Johnson | Grant | Hayes | Garfield | Arthur | Cleveland | B. Harrison | Cleveland | McKinley | T. Roosevelt | Taft | Wilson | Harding | Coolidge | Hoover | F. Roosevelt | Truman | Eisenhower | Kennedy | L. Johnson | Nixon | Ford | Carter | Reagan | G.H.W. Bush | Clinton | G.W. Bush | Obama | Trump |
|
<urn:uuid:142b54ea-6252-42d7-81d5-f27c47175289>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/James_Madison
|
2019-07-17T13:11:53Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525187.9/warc/CC-MAIN-20190717121559-20190717143559-00219.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999534
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
|
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.