text
stringlengths
419
626k
[Wikipedia:af] Afrika Afrika 200px|Ligging van Afrika op 'n wêreldkaart Afrika is die wêreld se tweede grootste kontinent (na Asië) in sowel oppervlakte as bevolking. Saam met die eilande beslaan dit ongeveer 30 221 532 km² wat 20,3% van die totale landoppervlakte van die aarde is en dit word bewoon deur meer as 1...
[Wikipedia:af] Lys van Afrikaanse skrywers duimnael|200px|C. J. Langenhoven met Mev. Langenhoven by die kerk in Oudtshoorn op die huweliksdag van hul dogter, Engela, in 1926. duimnael|200px|Eugène Marais – redakteur, skrywer, digter, juris en natuurkenner. duimnael|200px|Sangiro wen die Hertzogprys in 1945 vir al sy p...
[Wikipedia:af] Lys van Afrikaanse digters duimnael|200px|C. Louis Leipoldt. duimnael|regs|200px|Totius. duimnael|200px|Eugene Marais. duimnael|200px|N.P. van Wyk Louw. duimnael|200px|Henry Fagan|H.A. Fagan. duimnael|200px|D.J. Opperman. duimnael|regs|200px|Marlise Joubert. Hier volg 'n lys van bekende Afrikaanse digt...
[Wikipedia:af] Alice, Oos-Kaap links|duimnael|230px|Een van tallose bouvallige geboue op Alice, eens 'n hotel. links|duimnael|230px|Die Baptistekerk op Alice, nog een van baie verwaarloosde geboue. links|duimnael|230px|Die NG gemeente Alice is in die tweede helfte van die jare 80 by die [[NG gemeente Fort Beaufort ing...
[Wikipedia:af] Australasië duimnael|Australasië se geografiese omvang duimnael|Ligging van Australasië duimnael|Vlag van Australasië vir die Olimpiese Somerspele van 1908 en 1912 Australasië (Latyn: Australasia, letterlik: "suid van Asië") is die gebied rondom Australië, Nieu-Seeland, Nieu-Guinea, die daaromliggende ...
[Wikipedia:af] Asië Asië 200px|Ligging van Asië op 'n wêreldkaart Asië is die wêreld se grootste kontinent in sowel oppervlakte as bevolking. Saam met die eilande beslaan dit ongeveer 44 579 000 km² wat 33% van die totale landoppervlakte van die aarde is en dit word bewoon deur meer as 4 miljard mense – ongeveer 6...
[Wikipedia:af] Antofagasta Antofagasta is die grootste stad van die Norte Grande-streek van Chili en hoofstad van die gelyknamige provinsie met 404 654 inwoners (2012). Die stad is in 1870 gestig en in 1883 deur Chili van Bolivië gebuit. Die stad is aan die Stille Oseaan geleë en is die hawe-afsetpunt vir die kopermy...
[Wikipedia:af] Apostoliese Geloofsending duimnael|240px|Die AGS-kerk op Barkly-Oos. Die Apostoliese Geloofsending van Suid-Afrika (AGS) is 'n klassieke Pinkster Christelike denominasie in Suid-Afrika. Met 1,2 miljoen aanhangers is dit Suid-Afrika se grootste Pinksterkerk en die vyfde grootste godsdiensgroepering in S...
[Wikipedia:af] Argitektuur duimnael|Antieke Griekse argitektuur duimnael|Neomodernistiese argitektuur in Pretoria Argitektuur (afgelei van die Latynse architectura en ontleen van die Griekse ἀρχιτεκτονία architektonía "boukuns, argitektuur" en ρχιτέκτων architekton "argitek", 'n samestelling van ρχι- "hoof" en τέκτων ...
[Wikipedia:af] Algebra Algebra, of stelkunde, is die afdeling van wiskunde waar simbole gebruik word om strukture te beskryf en die verhoudings daartussen aan te dui. Klassieke algebra het uit die algemene metode van die oplos van vergelykings gekom. Hierin kom getalle en simbole voor wat bewerk word met maal, deel, o...
[Wikipedia:af] Biologie Biologie is die vakgebied van die bestudering van die verskillende vorme van lewende organismes. Biologie is die wetenskap van lewe. Dit is gemoeid met die eienskappe en gedrag van organismes, hoe spesies en individue ontstaan asook die wisselwerkings tussen hulle onderling en tussen hulle en ...
[Wikipedia:af] Boeddhisme Boeddhisme is ’n Dharmiese geloof of filosofie (Sanskrit: dharma; Pali: dhamma). Dit sluit ’n verskeidenheid tradisies, gelowe en spirituele gebruike in wat grootliks geskoei is op die leringe van Gautama Boeddha, algemeen bekend as die Boeddha ("die verligte een"). duimnael|180px|links|Een ...
[Wikipedia:af] Benue-Kongo-tale Die Benue-Kongo-tale is die grootste taalgroep binne die Niger-Kongo-taalfamilie. Die taalfamilie is ná die Benue- en Kongoriviere genoem, twee van die vernaamste riviere in die verspreidingsgebied van dié tale. Die Benue-Kongo-tale bevat sowat 900 tale wat deur omtrent 270 miljoen men...
[Wikipedia:af] Balto-Slawies duimnael|links|Stamboom van Balto-Slawiese tale Die Balto-Slawiese taalgroep vorm deel van die Indo-Europese taalfamilie en voeg die Baltiese tale en Slawiese tale saam op die grond van 'n veronderstelde verwantskap wat spruit uit of reflekteer word in die geografiese nabyheid waarin hierd...
[Wikipedia:af] Baltiese tale Die Baltiese tale is 'n subgroep van die Indo-Europese taalfamilie wat deur Baltiese volke in Noordoos-Europa gepraat word. Groepe duimnael|links|Stamboom van Balto-Slawiese tale Die Baltiese tale word in twee hoofgroepe verdeel: * die Oos- of Sentraal-Baltiese tale met Litaus, Lets, die ...
[Wikipedia:af] Bloemfontein Bloemfontein is die hoofstad van die Suid-Afrikaanse provinsie Vrystaat en die land se sesde grootste stad. Dit is ook sedert 1910 Suid-Afrika se regterlike hoofstad (een van die land se drie hoofstede). Suid-Afrika se hoogste hof, die Konstitusionele Hof, is egter sedert 1994 in Johannesbu...
[Wikipedia:af] Bybel duimnael|'n Bybel duimnael|Die Bybel van Christian III van Denemarke, die eerste Deense vertaling. Gedruk in Kopenhagen, 1550. duimnael|Die Afrikaanse Bybel (hier die 1933/1953-vertaling) kan ook op Java-georiënteerde Selfoon|selfone afgelaai word. m.bibles.co.za Die Bybel is die heilige boek van...
[Wikipedia:af] Breyten Breytenbach Breyten Breytenbach (* 16 September 1939 — † 24 November 2024) was 'n Suid-Afrikaanse skrywer en kunstenaar met Franse burgerskap. Breytenbach het 'n beduidende bydrae tot die Afrikaanse letterkunde met sy digkuns gelewer. Hy is ook bekend as die mees prominente gevangenis-skrywer va...
[Wikipedia:af] Bhisho Bhisho (Xhosa: "buffel", voorheen Bisho) is 'n dorp in Suid-Afrika en die hoofstad van die Oos-Kaap. Bhisho lê aangrensend aan die stad Qonce (voorheen King William's Town), naby die groot hawestad Oos-Londen, en val in die Buffalo City Metro. Die provinsiale wetgewer en byna alle staatsdeparteme...
[Wikipedia:af] Barberton (dubbelsinnig) Barberton kan na enige van die volgende plekke verwys: __NOTOC__ Nedersettings Australië # Barberton, Australië, Moora, Wes-Australië, Suid-Afrika # Barberton, Ehlanzeni-distrik, Mpumalanga, Verenigde State # Barberton, Ohio, Summit County, # Barberton, Washington, Clark Coun...
[Wikipedia:af] Botswana Botswana, amptelik die Republiek Botswana (Tswana: Lefatshe la Botswana, Engels: Republic of Botswana), is ’n landingeslote land in Suider-Afrika. Die land was voorheen die Britse protektoraat Betsjoeanaland binne die Volkebond. Met onafhanklikheid op 30 September 1966 verander die land se naam...
[Wikipedia:af] Christendom duimnael|Lande met Christene Die Christendom is 'n religie wat bely dat Jesus Christus die Seun van God is en verlossing verkondig aan die volgelinge van hierdie geloof, wat as Christene bekend staan. Christene glo in een God as Drie-eenheid: God die Vader, God die Seun en die Heilige Gees....
[Wikipedia:af] Chili Chili (Spaans: Chile, [ˈtʃile], ), amptelik die Republiek Chili (República de Chile, [reˈpuβlika ðe ˈtʃile], ), is ’n unitêre presidensiële grondwetlike republiek geleë aan die suidwestelike kus van Suid-Amerika. Chili is lank en smal en strek in ’n noord-suidrigting oor ’n afstand van sowat 4 300...
[Wikipedia:af] Christene Christene glo in die drie-enige God – Vader, Seun en Heilige Gees – Skepper van die hemel en die aarde en die Onderhouer van alle dinge. Hulle glo dat Jesus Christus, die Seun, sowat 2000 jaar gelede aan die kruis gesterf het om die sondige mens van sy sondes te verlos, opgestaan het uit die d...
[Wikipedia:af] C. Louis Leipoldt C. Louis Leipoldt (1880–1947) was ’n dokter, digter, dramaturg en skrywer, wat verskeie toekennings ontvang het vir sy skryfwerk, insluitende die Hertzogprys vir poësie en drama. Hy was een van die leidende figure van die Tweede Taalbeweging (tesame met Jan F.E. Celliers en J.D. du Toi...
[Wikipedia:af] Curriebeker : Hierdie artikel handel oor die Rugbykompetisie in Suid-Afrika. Vir die voorheen gelyknamige Krieketkompetisie in Suid-Afrika, sien Sunfoilreeks. Die Curriebekertoernooi (tot 2015 ook bekend as die ABSA Curriebeker weens borgskapvereistes) is Suid-Afrika se oudste en belangrikste plaaslik...
[Wikipedia:af] Denemarke Denemarke (Deens: Danmark, [ˈd̥ɛnmɑɡ̊], ), amptelik die Koninkryk Denemarke (Kongeriget Danmark, [ˈkʰɔŋəʁiːəð ˈtænmak], ), is geleë in Noord-Europa in die gebied wat as Skandinawië bekend staan. Dit is 'n grondwetlike monargie met koning Frederik X as simboliese leier en 'n eenkamerparlement, ...
[Wikipedia:af] Duitsland Duitsland (Duits: Deutschland, [ˈdɔʏtʃlant], ), amptelik die Bondsrepubliek Duitsland (in Afrikaans dikwels ook Federale Republiek Duitsland genoem; Duits: Bundesrepublik Deutschland, [ˈbundəsʁepuˌbliːk ˈdɔjtʃlant], ), is in die sentrum van Europa geleë en vervul in baie opsigte 'n brugfunksie...
[Wikipedia:af] Die Stem van Suid-Afrika duimnael|Die Stem van Suid-Afrika uitgevoer deur die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie Simfonie-orkes duimnael|Die Stem van Suid-Afrika opgevoer by die Withuis duimnael|In dié huis, destyds die pastorie van die NG gemeente Simonstad, het ds. [[M.L. de Villiers Die Stem in 1921 g...
[Wikipedia:af] Durban Durban (Engels: [ˈdœːbən]; Zoeloe: eThekwini, [ˈɛːʔtʰɛˌkwinĭ], afgelei van itheku, letterlik: "baai/lagoon"; vroeër Port Natal) is 'n hawestad in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika, langs die Indiese Oseaan met tussen 3,4 en 3,8 miljoen inwoners uit 'n diverse groep kulture. Dit is 'n gewilde vakansiebes...
[Wikipedia:af] Demografie van Suid-Afrika duimnael|Ontwikkeling van Suid-Afrika se bevolking duimnael|Bevolkingsdigtheid: Bevolkingsyfers Bevolking Historiese sensusse 1904-sensus Suid-Afrikaanse bevolkingsyfers vir die 1904-sensus. Bron: 1960-sensus Bronne: Statesman's Year-Book 1967–1968; Europa Year Book 1969 Ou...
[Wikipedia:af] Erik Erikson Erik Homburger Erikson (15 Junie 1902 - 12 Mei 1994) was 'n Duits-Amerikaanse ontwikkelingsielkundige bekend vir sy teorie oor die sosiale ontwikkeling van die mens en as skepper van die uitdrukking "identiteitskrisis". Biografie Erikson het nooit sy pa geken nie, want dié het sy ma gelos ...
[Wikipedia:af] Engels (dubbelsinnig) Die woord Engels kan beteken: * Die mense van Engeland as 'n etniese groep. * Vanaf of verwant aan Engeland (of verkeerderlik, alhoewel algemeen gebruik, die Verenigde Koninkryk) * Die Engelse taal, wat ook mag beteken: ** Afrika-dialekte van Engels ** Amerikaanse Engels ** Austra...
[Wikipedia:af] Europa |} : Vir die vierde grootste maan van die planeet Jupiter, sien Europa (maan). Europa (afgelei van Grieks Εὐρώπη of Eurṓpē) is 'n vasteland wat oor die westelike vyfde van die Eurasiese landmassa strek. Alhoewel dit in geografiese opsig eerder as subkontinent geklassifiseer kan word wat saam met...
[Wikipedia:af] Engeland :Hierdie artikel handel oor die huidige land binne die Verenigde Koninkryk. Vir die historiese koninkryk, sien Koninkryk van Engeland. Engeland (Engels: England) is die grootste en bevolkingsrykste van die vier nasies wat saam die Verenigde Koninkryk vorm. Dit word in die noorde deur Skotland...
[Wikipedia:af] Ernstige akute respiratoriese sindroom Ernstige akute respiratoriese sindroom (afgekort as Ears), is 'n dodelike asemhalingswegsiekte wat in 2003 vinnig van die suide van die Volksrepubliek China na ander wêrelddele begin versprei het. Dit is in Engels en verskeie ander tale bekend as SARS. duimnael|li...
[Wikipedia:af] Estland Estland (Esties: Eesti, [ˈeːsti], ), amptelik die Republiek Estland (Eesti Vabariik), is 'n land in Noord-Europa, wat in die weste begrens word deur die Oossee, in die noorde deur die Finse Golf, in die ooste deur Rusland en in die suide deur Letland. Dit is die mees noordelike en die kleinste v...
[Wikipedia:af] Europese Unie Die Europese Unie (EU) is 'n internasionale organisasie van 27 Europese lande met politiese, ekonomiese en geregtelike samewerkingsooreenkomste. Die EU is in 1992 gestig deur die Verdrag van die Europese Unie (ook bekend as die Verdrag van Maastricht) en is die de facto opvolger van die se...
[Wikipedia:af] Elektroniese ingenieurswese Elektroniese ingenieurswese behels die beheer en verwerking van elektrisiteit, as inligting in elektroniese vorm, of tydens die beheer en opwekking van meganiese, magnetiese of ander vorms van energie. Die studie van die oordrag van elektriese krag of drywing val gewoonlik o...
[Wikipedia:af] Ekonomie duimnael|250px|Kopers bie vir goeie pryse, terwyl verkopers hulle beste voet voorsit in 'n mark in Chichicastenango, [[Guatemala.]] Ekonomie is die sosiale wetenskap wat die produksie en verbruik van meetbare middele bestudeer. Dit behels die analise van die produksie, verspreiding en verbruik ...
[Wikipedia:af] Rolprent duimnael|280px|Die rolprent Roundhay Garden Scene, vervaardig in 1888, word beskou as die eerste rolprent. duimnael|280px|Pens en Pootjies en ander Suid-Afrikaanse films. Die groot filmspoele vir elke fliek is tipies in tasse gepak om na die volgende teater versend te word 'n Rolprent of film ...
[Wikipedia:af] Finland Finland (Fins: Suomi, [suo̯mi], ; Sweeds: Finland, [ˈfɪnland], ), amptelik die Republiek Finland (Fins: Suomen tasavalta, Sweeds: Republiken Finland, ), is 'n land in Noord-Europa wat in die ooste aan die Russiese Federasie, in die noordweste aan Swede en in die noorde aan Noorweë grens. Ten sui...
[Wikipedia:af] Filippyne Die Filippyne (Filippyns: Pilipinas [ˌpɪlɪˈpinɐs] of Filipinas [ˌfɪlɪˈpinɐs]; Engels: Philippines, [ˈfɪlɨpiːnz], ), amptelik die Republiek die Filippyne (Filippyns: Republika ng Pilipinas; Engels: Republic of the Philippines), is 'n eilandstaat wat uit sowat 7 500 eilande bestaan en in die tro...
[Wikipedia:af] Fat Man duimnael|regs|250px|Fat Man Die kernwapen met die kodenaam Fat Man is op 9 Augustus 1945 oor Nagasaki, Japan, deur die Verenigde State van Amerika laat ontplof. Dit was die tweede en laaste kernwapen wat ooit in oorlog aangewend is, en die ontploffing was die derde mensgemaakte kernontploffing i...
[Wikipedia:af] Filosofie duimnael|Die Skool van Athene, 'n fresco deur Raphael duimnael|Kaart van Europa wat die werkplekke van die belangrikste filosowe vertoon Filosofie of wysbegeerte is 'n vakgebied wat die kennis van, en insig in 'n verskeidenheid fundamentele sake najaag, soos byvoorbeeld realiteit, kennis, bet...
[Wikipedia:af] Fisika duimnael|250px|Voorbeelde van verskeie fisiese verskynsels. Fisika (uit Antieke Grieks: φυσική (ἐπιστήμη) phusikḗ (epistḗmē) "natuurkennis", van φύσις phúsis "natuur") is die wetenskap van die natuur in die breedste sin. Fisici bestudeer die gedrag en eienskappe van materie in ’n groot verskeide...
[Wikipedia:af] Firefly Firefly is 'n Engelse wetenskapsfiksie-televisiereeks wat eerste op die FOX-kanaal in die VSA en Kanada op 20 September 2002 gewys is. Dit is geskep deur Joss Whedon wat ook die reekse Buffy the Vampire Slayer en Angel gemaak het. Die reeks is vernoem na die Firefly-tipe skip in die reeks, wat ...
[Wikipedia:af] Geskiedenis (vakgebied) :Hierdie artikel handel oor geskiedenis as ’n vakgebied. Vir die algemene geskiedenis van die wêreld en die mensdom, sien Wêreldgeskiedenis. Vir die volledige geskiedenis van die aarde, sien Geskiedenis van die Aarde. Vir die mens se evolusionêre geskiedenis, sien Menslike evolus...
[Wikipedia:af] Germaanse tale Die Germaanse tale is 'n groep verwante tale wat 'n tak van die Indo-Europese (IE) taalfamilie vorm. Die gemene voorouer van al die tale waaruit die tak bestaan is Proto-Germaans wat in ongeveer die laat- middel-1ste millennium v.C. in ystertydperk Noord-Europa gepraat is. Proto-Germaans,...
[Wikipedia:af] Gauteng Gauteng is die provinsie van Suid-Afrika met die hoogste bevolkingskonsentrasie met 'n sterk handel- en nywerheidsontwikkeling. Die vernaamste stede is Pretoria en Johannesburg. duimnael|links|Die Johannesburgse stadsaal, setel van die Gauteng provinsiale wetgewer Gauteng is voorheen die PWV ge...
[Wikipedia:af] Ghana Ghana (Engels: [ˈɡɑːnə], ), amptelik die Republiek Ghana (Republic of Ghana), is 'n land in Wes-Afrika. Dit beslaan 'n oppervlakte van 238 533 en het 'n bevolking van 34,5 miljoen in 2024 gehad. Die hoofstad en grootste stad is Accra, geleë langs die suidkus aan die Golf van Guinee. 'n Ander belan...
[Wikipedia:af] Groot-Brittanje : Hierdie artikel handel oor die eiland in Europa. Vir die huidige land, sien gerus Verenigde Koninkryk, en vir die voormalige land, sien gerus Koninkryk van Groot-Brittanje. duimnael|links|upright|Satellietbeeld van Groot-Brittanje. Groot-Brittanje (Engels: Great Britain, Wallies: Pry...
[Wikipedia:af] Gestapo duimnael|Gestapo-hoofkwartier in Berlyn SW 11, Prinz-Albrecht-Straße 8. Die Gestapo (van Duits: Geheime Staatspolizei, Geheime Staatspolisie) was die geheime staatspolisie in Nazi-Duitsland (1933–1945). Agtergrond Die Gestapo of Geheime Staatspolizei is op 26 April 1933 gestig. Die Gestapo is g...
[Wikipedia:af] Geneeskunde duimnael|Asklepios, in die [[Griekse mitologie die god van medisyne en genesing]] Geneeskunde is die vakgebied toegespits op die bestudering van die sel-, weefsel- en orgaansisteme (fisies en chemies), asook die patologiese manifestasies (biochemie, histologie, hematologie, mikrobiologie......
[Wikipedia:af] GPS duimnael|regs|300px|'n GPS in 'n taxi in Japan. duimnael|regs|300px|Voorstelling van 'n GPS-satelliet. Die Globale Posisioneringstelsel (GPS) is 'n "konstellasie" van 33 satelliete, wat seine uitstuur wat deur 'n GPS-ontvanger op aarde ontvang kan word. Hierdie inligting word deur die GPS-ontvanger...
[Wikipedia:af] Linux Linux is 'n vrye bedryfstelselkern vir 'n verskeidenheid van rekenaars. Die naam "Linux" word ook baie gebruik om te verwys na volledige bedryfstelsels wat van die Linux-kern gebruik maak. Linux is aanvanklik deur Linus Torvalds geskryf omdat hy graag 'n Unix-bedryfstelsel vir sy Intelgebaseerde p...
[Wikipedia:af] Goud Goud (uitgespreek [ˈxoʊd], uit Indo-Europees: ghel, "glans") is 'n gesogte edelmetaal met 'n heldergeel (goue) kleur. Goud se chemiese nommer is 79 en dit het die simbool Au (Latyns: aurum, vir "dagbreekglans"). Dit het die atoomgetal 92 en 'n relatiewe atoommassa van 196.97. Dit smelt by ongeveer ...
[Wikipedia:af] GNU GNU (uitspraak: /ɡnuː/) is 'n bedryfstelsel en versameling van rekenaarsagteware. GNU bestaan heeltemal uit vrye sagteware, waarvan die meeste onder die GNU-projek se eie Algemene Publieke Lisensie (Engels: General Public License, GPL) gelisensieer is. "GNU" is 'n rekursiewe akroniem vir "GNU's Not...
[Wikipedia:af] George Dantzig George Dantzig was 'n Amerikaanse wiskundige en operasionele navorser. Gebore 8 November 1914 in Portland, Oregon, VSA, en oorlede op 13 Mei 2005 in Palo Alto, Kalifornië. Hy word as die "vader van lineêre programmering" beskou. Dantzig het sy doktorsgraad in wiskunde van die Universitei...
[Wikipedia:af] God duimnael|regs|220px duimnael|regs|250px|God in Christendom soos voorgestel in [[Michelangelo se fresco "Skepping van Adam".]] Die woord god verwys gewoonlik na 'n uiterste persoonlike en/of bonatuurlike wese. Die "opperwese-konsep" kan as inherent of abstrak voorgehou word. Wanneer die woord met 'n ...
[Wikipedia:af] Geld duimnael|Papiergeld van verskeie lande. Geld is 'n simboliese voorstelling van waarde. Iets besit slegs waarde as 'n mens dit vir 'n doel kan aanwend wat hom bevoordeel. Byvoorbeeld, volgens Maslow se behoeftehiërargie is die behoefte vir voedsel en beskerming primêr. Dit wil sê in sulke omstandig...
[Wikipedia:af] Geografie van Namibië duimnael|Ligging van Namibië in Suider-Afrika duimnael|Nasa-Satellietbeeld van Namibië met streekgrense en plekke duimnael|Topografiese kaart van Namibië duimnael|Die Kalahari-woestyn in Namibië Gebied: Namibië is 'n land in Suider-Afrika, aangrensend tot die Atlantiese Oseaan, en...
[Wikipedia:af] Tuisblad __NOTOC__ __NOEDITSECTION__ |- | style="background:#f8fcff; border-left:1px solid #c2dfff; border-right:1px solid #c2dfff; font-size:95%;" | |- | style="background:#f8fcff; border-left:1px solid #c2dfff; border-right:1px solid #c2dfff; font-size:95%;" | |- | style="background:#f8fcff; bor...
[Wikipedia:af] Hindoeïsme (eerste artikel) :Hierdie is die heel eerste artikel wat op die Afrikaanse Wikipedia verskyn het, en wel op 17 November 2001‎. duimnael|Die Om is 'n simbool van Hindoeïsme duimnael|Lande met Hindoes duimnael|400px|Historiese verspreiding van Hindoeïsme vanaf Indië na Suidoos-Asië Hindoeïsme ...
[Wikipedia:af] Helsinki Helsinki (Fins: [ˈhɛlsiŋki], ; Sweeds: Helsingfors, [hɛlsɪŋˈfɔrs], ) is die hoofstad van Finland en die Finse gewes Uusimaa met 'n oppervlakte van 715,48 vierkante kilometer en 'n bevolking van 664 028 (2022). duimnael|links|Die Evangelies-Lutherse katedraal is een van die bekendste bakens van...
[Wikipedia:af] Helgoland duimnael|links|280px|'n Lugfoto van Helgoland duimnael|links|280px|Die lange Anna Helgoland (Noord-Fries: Deät Lun, Engels: Heligoland) is 'n argipel in die Noordsee, 70 km van die kus van Duitsland. Dit is in ongeveer 4 000 v.C. gevorm en was reeds vroeg in die Neolitikumtydperk bewoon. In d...
[Wikipedia:af] Habeas corpus Habeas corpus is 'n Latynse regsterm wat letterlik beteken, "het jy die liggaam". Dit is 'n baie ou beginsel van die Engelse gemenereg - ouer as die Magna Carta - en regstelsels wat daarop gebou is. Dit is geformaliseer deur die Britse parlement in 1697 deur die Habeas Corpus Act. Dié reg ...
[Wikipedia:af] Ingenieurswese duimnael|Die stoomenjin - een van die belangrikste aandrywers van die [[nywerheidsomwenteling - onderstreep die sentrale rol wat ingenieurswese in die moderne geskiedenis gespeel het]] Die ingenieurswese is die kreatiewe toepassing van natuurwetenskappe, wiskundige metodes en empiriese be...
[Wikipedia:af] Rekenaaringenieurswese Rekenaaringenieurswese is 'n onderafdeling van Elektroniese ingenieurswese. Dit fokus eerder op die ontwerp en programmeer van hoofsaaklik syferrekenaars en rekenaartale. Dit omvat digitale kommunikasie- en apparatuur (hardeware) -ontwerp, teenoor analoë kommunikasie of ontwerp. ...
[Wikipedia:af] Indo-Europese tale Die Indo-Europese tale sluit sowat 443 (SIL skatting) tale en dialekte wat deur omtrent drie miljard mense gepraat word en die meeste groot taalfamilies van Europa en westelike Asië in die superfamilie in. Eietydse tale in die superfamilie sluit Bengaals, Engels, Duits, Frans, Hindi, ...
[Wikipedia:af] Suid-Ndebele :Hierdie artikel handel oor die Suid-Ndebeletaal. Vir die etniese groep van Suider-Afrika, sien Ndebeles. duimnael|links|Suid-Afrikaanse distrikte met 'n meerderheid van Suid-Ndebeletaliges in 2011: duimnael|links|Geografiese verspreiding van Suid-Ndebele in Suid-Afrika ná bevolkingsdigt...
[Wikipedia:af] Xhosa :Hierdie artikel handel oor die Xhosataal. Vir die etniese groep van Suid-Afrika, sien Xhosas. Xhosa (isiXhosa, [isikǁʰɔ́ːsa], in Xhosa) is die taal van die Xhosas en is een van die elf amptelike landstale van Suid-Afrika. Dit word deur sowat 8,2 miljoen mense as moedertaal gepraat (2011-sensus)...
[Wikipedia:af] Zoeloe :Hierdie artikel handel oor die Zoeloetaal. Vir die etniese groep van Suid-Afrika, sien Zoeloes. duimnael|links|Suid-Afrikaanse distrikte met 'n meerderheid van Zoeloetaliges in 2011: duimnael|links|Geografiese verspreiding van Zoeloe in Suid-Afrika ná bevolkingsdigtheid per vierkante kilomete...
[Wikipedia:af] Irak Irak (Arabies: العراق, al-‘Irāq; Koerdies: عێراق, Eraq), amptelik die Republiek Irak (Arabies: جُمُهورية العِراق;, Jumhūrīyyat al-‘Irāq, ; Koerdies: کۆماری عێراق, Komari Eraq), is 'n land in die Midde-Ooste en Suidwes-Asië. Irak grens aan Turkye in die noorde, Iran in die ooste, Koeweit in die suid...
[Wikipedia:af] Ierland : Hierdie artikel handel oor die eiland. Vir die soewereine staat met dieselfde naam, sien Republiek Ierland. Vir die ses noordelike graafskappe wat deel uitmaak van die Verenigde Koninkryk, sien Noord-Ierland. Vir die historiese koninkryk, sien Koninkryk van Ierland. Ierland (Iers: Éire, [ˈeː...
[Wikipedia:af] Israel Israel, ook Israël (Hebreeus: יִשְׂרָאֵל, Yisrā'el; Arabies: إِسْرَائِيل, Isrāʼīl), amptelik die Staat Israel (Hebreeus: מְדִינַת יִשְׂרָאֵל, Medīnat Yisrā'el, [mediˈnat jisʁaˈʔel], ; Arabies: دولة إسرائيل, Dawlat Isrāʼīl, [dawlat ʔisraːˈʔiːl]), is 'n demokratiese grondwetlike republiek in die Mi...
[Wikipedia:af] Johannesburg Johannesburg (Xhosa: eGoli, Zoeloe: iGoli, letterlik: "Plek van Goud") is die vernaamste sake- en bevolkingsentrum van Suid-Afrika met 'n oppervlakte van 1 645 vierkante kilometer en 'n bevolking van 4 434 827 in die metropolitaanse gebied volgens die sensus van 2011. Die huidige Stad Johan...
[Wikipedia:af] Jan Rabie Jan Sebastian Rabie (14 November 1920 – 15 November 2001) was 'n Afrikaanse skrywer van kortverhale, romans en ander literêre werke. Rabie was een van die sogenaamde Sestigers, 'n groep invloedryke Afrikaanse skrywers van die 1960's. Hy het een-en-twintig werke gelewer. Lewe en werk Herkoms en...
[Wikipedia:af] Jesus van Nasaret Jesus van Nasaret (8–2 v.C. tot 29–36 n.C.), ook algemeen bekend as Jesus, is die sentrale figuur in die Christendom en is ook 'n belangrike figuur in verskeie ander gelowe. Daar word ook na hom verwys as Jesus Christus, waar "Christus" afkomstig is vanaf die Griekse Χριστός (Christós)...
[Wikipedia:af] J.M. Coetzee John Maxwell Coetzee (gebore 9 Februarie 1940) is 'n Suid-Afrikaansgebore skrywer. Hy word as die mees bekroonde lewende skrywer in die Engelssprekende wêreld beskou. Hy is die eerste skrywer aan wie die Bookerprys twee keer toegeken is en in 2003 ontvang hy die Nobelprys vir Letterkunde. S...
[Wikipedia:af] Jan van Riebeeck Johan Anthoniszoon (Jan) van Riebeeck (Culemborg, 21 April 1619 – Batavia, 18 Januarie 1677), was die stigter van die eerste kolonie in Suid-Afrika in opdrag van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC). Sy stigting by die Kaap die Goeie Hoop groei tot die Kaapkolonie, die Unie van Sui...
[Wikipedia:af] Japan Japan (Japannees: 日本, Nippon, [ɲip̚poɴ], , of Nihon, [ɲihoɴ], ; amptelik: 日本国, Nippon-koku of Nihon-koku, , letterlik: "Staat Japan") is 'n eilandstaat in Oos-Asië. Dit is geleë tussen die Stille Oseaan en die See van Japan, oos van die Koreaanse Skiereiland, China en Rusland, en strek van die See...
[Wikipedia:af] Kaapse Afrikaans duimnael|Kaart van buurte in die Wes-Kaap, 2016 duimnael|Meerderheidstale in Kaapstad Kaapse Afrikaans, ook bekend as Kaaps of Afrikaaps, is 'n Wes-Germaanse Afrikataal wat in die Wes-Kaapse provinsie van Suid-Afrika ontwikkel het. Die status daarvan as sustertaal of dialek van Afrika...
[Wikipedia:af] Kelties Die Keltiese tale is die tale wat afstam van Proto-Kelties. Dit is 'n tak van die Indo-Europese tale wat deur die Kelte gepraat is, een van die eerste Europese groepe wat oor die hele kontinent versprei het. Die groep het uit die 5de eeu v.C. vanuit die sentrale deel van Europa getrek. duimnael...
[Wikipedia:af] Kaapstad Kaapstad ([ˈkɑːpstat], Engels: Cape Town [ˈkeɪptaʊn], Xhosa: iKapa) is (as die wetgewende hoofstad) een van die drie hoofstede van die Republiek van Suid-Afrika. Dit is ook die setel van die Suid-Afrikaanse parlement. Die ander twee hoofstede is Pretoria (die uitvoerende hoofstad) en Bloemfonte...
[Wikipedia:af] Kiribati Kiribati (Engels: [ˈkɪrɪbæs], ; Kiribaties: [kiɾibas]), amptelik die Republiek Kiribati (Engels: Republic of Kiribati, Kiribaties: Ribaberiki Kiribati), is 'n eilandstaat in die Stille Oseaan en Oseanië langs die ewenaar, wat vroeër as die Gilberteilande bekend gestaan het. Kiribati beslaan 'n ...
[Wikipedia:af] Kroonstad Kroonstad is 'n dorp in die Noord-Vrystaat en is gestig in 1855. Kroonstad is genoem na 'n perd, genoem Kroon, wat besit is deur Sarel Cilliers. Die perd is beseer in die Kroonspruit. duimnael|links|Die Sarel Cilliers-brug oor die Valsrivier in Kroonstad. Die Valsrivier vloei deur die dorp en...
[Wikipedia:af] Kimberley Kimberley is die hoofstad en grootste stad van die Suid-Afrikaanse provinsie Noord-Kaap met 'n bevolking van sowat 225 000 in 2011 (insluitende townships). Die plek waar Kimberley sou ontwikkel, het in 1871 wêreldwyd opslae gemaak ná die ontdekking van 'n diamantveld. Die mynboubedrywighede, w...
[Wikipedia:af] KwaZulu-Natal KwaZulu-Natal of KwaZoeloe-Natal (uitgespreek /kwɑːˌzuːluː nəˈtɑːl/) is een van die nege provinsies van Suid-Afrika. Die hoofstad is Pietermaritzburg en Durban is die grootste stad. duimnael|links|Zoeloes van Shakaland in hulle tradisionele kleredrag duimnael|links|Seremoniële ysterwaens ...
[Wikipedia:af] Krimoorlog Die Krimoorlog is deur die Verenigde Koninkryk, Frankryk, die Koninkryk Sardinië en die Ottomaanse Ryk teen die Russiese Ryk gevoer op die Krimskiereiland vanaf Oktober 1853 tot Februarie 1856. Die Russiese tsaar Nikolaas I wou die beskermheer van die heilige plekke van Palestina word en het...
[Wikipedia:af] Limpopo : Hierdie artikel handel oor die provinsie in Suid-Afrika. Vir die gelyknamige rivier, sien Limpopo (rivier). Limpopo is een van die nege provinsies van Suid-Afrika. Die hoofstad is Polokwane. Die provinsie kry sy naam van die Limpoporivier, wat die mees noordelike rivier in Suid-Afrika is, en...
[Wikipedia:af] Media Media kan enige van die volgende betekenisse hê: * Dit kan die meervoud van medium as selfstandige naamwoord wees: ** Enigiets wat gebruik kan word om inligting te stoor of oor te dra is 'n medium; die mees algemene gebruik in hierdie sin is massamedia. ** Dit moet nie verwar word met medium as b...
[Wikipedia:af] Midde-Ooste duimnael|260x260px|'n Kaart van die Midde-Ooste. duimnael|260x260px|Midde-Oosterse kaart van Köppen se klimaats-klassifikasie Die Midde-Ooste is 'n transkontinentale streek wat gesentreer is rondom Wes-Asië, Siprus, Turkye (Suidoos-Europa), en Egipte (Noord-Afrika). Die ooreenstemmende byvo...
[Wikipedia:af] My Lai-menseslagting duimnael|300px|Hoofsaaklik dooie vroue en kinders op 'n pad in My Lai. Foto geneem deur die fotograaf van die Amerikaanse leër, Ronald L. Haeberle op 16 Maart 1968 na afloop van die slagting. Die Mỹ Lai-menseslagting, ook bekend as die Sơn Mỹ-menseslagting het op 16 Maart 1968 in d...
[Wikipedia:af] Monargie duimnael|400px|Kaart van hedendaagse monargieë wêreldwyd: Monargie is 'n regeringstelsel of staatsvorm waar die staatshoof gebruiklik lewenslang 'n posisie beklee. Die posisie is gewoonlik oorerflik, dit wil sê dat opvolgers aan dieselfde familie behoort. Voorbeelde van lande wat 'n monargies...
[Wikipedia:af] Magna Carta duimnael|Magna Carta Die Magna Carta (Latyn: Groot Handves) is in 1215 deur koning Jan sonder Land opgestel op aandrang van sy baronne. Oorspronklik onderteken as 'n soort vredesooreenkoms tussen die monarg en 'n groep oproerige baronne, word die dokument, wat in Latyn op perkament geskryf i...
[Wikipedia:af] Mahikeng Mahikeng (voorheen Mafeking, later Mafikeng) is die hoofstad van Noordwesprovinsie, Suid-Afrika, met omtrent 49 300 inwoners in 2001. Mahikeng vorm 'n eenheid met Mmabatho, wat voorheen die hoofstad van Bophuthatswana was. Geskiedenis duimnael|links|250px|Boere tydens die Beleg van Mafeking, 1...
[Wikipedia:af] Mpumalanga : Hierdie artikel handel oor 'n provinsie in Suid-Afrika. Vir die dorp in KwaZulu-Natal, sien Mpumalanga, KwaZulu-Natal. Mpumalanga is een van die nege provinsies van Suid-Afrika. Die hoofstad is Nelspruit (sedert 2009 ook bekend as Mbombela). Mpumalanga, wat "die plek waar die son opkom" b...
[Wikipedia:af] Mongane Wally Serote Mongane Wally Serote (* 8 Mei 1944 in Sophiatown, Johannesburg) is 'n Suid-Afrikaanse digter en skrywer. Serote het in Alexandra, Lesotho en Soweto skoolgegaan. In Junie 1969 is hy deur die apartheidregering ingevolge 'n terroristewet gearresteer. Hy was nege maande in aleenopsluit...
[Wikipedia:af] MD __NOTOC__ MD, Md, mD of md kan na een van die volgende verwys: Musiek * Musiekdirekteur * Main droite (Frans) of mano destra (Italiaans), wat die "regterhand" aandui in klavierterminologie/klaviermusiek * My Desember Geografie * Maryland, VSA-deelstaat se posafkortings * Moldowa, ISO-landkode en in...