text stringlengths 0 41.1k |
|---|
Afrika |
Afrika is die wêreld se tweede grootste kontinent (na Asië) in sowel oppervlakte as bevolking. Saam met die eilande beslaan dit ongeveer 30 221 532 km² wat 20,3% van die totale landoppervlakte van die aarde is en dit word bewoon deur meer as 1 miljard mense – ongeveer 'n sewende van die wêreldbevolking. |
Lande |
Tale |
Die meeste amptelike tale van Afrika is Indo-Europese tale soos Frans, Engels, Portugees, Spaans en Afrikaans. |
Frans: Benin, Burkina Faso, Burundi, Demokratiese Republiek van die Kongo, Djiboeti, Gaboen, Guinee, Ivoorkus, Kameroen, Mali, Madagaskar, Mauritanië Niger, Republiek van die Kongo, Rwanda, Senegal, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Sierra Leone, Togo en Tsjad. |
Engels: Botswana, Gambië, Ghana, Kenia, Lesotho, Liberië, Malawi, Namibië, Nigerië, Soedan, Suid-Afrika, Suid-Soedan, eSwatini, Tanzanië, Uganda, Zambië, Zimbabwe. |
Portugees: Angola, Ekwatoriaal-Guinee, Kaap Verde en Mosambiek. |
Spaans: Ekwatoriaal-Guinee en Wes-Sahara. |
Afrikaans: Suid-Afrika (en Namibië tot 1990) |
Duits: Namibië (tot 1990) |
Naas hierdie Indo-Europese tale word daar ook verskillende Afrikatale gepraat. Hulle is onderverdeel in Afro-Asiaties, Niger-Kongo, Khoisan, Nilo-Sahariese en Austronesies. |
Geografie |
Die hoogste punt van Afrika is Kilimandjaro, 5895 m bo seevlak en die laagste punt is die Assalmeer, 155 m onder seevlak. Die Saharawoestyn is in die noorde van Afrika terwyl die Groot Skeurvallei in Oos-Afrika is. Die grootste rivier is die Nylrivier en die grootste meer is die Victoriameer. Die grootste land volgens ... |
Afrika, wat 'n oppervlakte van ruim 30 miljoen km² beslaan, is na Asië en die Amerikas die derde grootste vasteland ter wêreld. Hoewel die ewenaar Afrika feitlik reëlreg in die helfte sny, dit is nou van noord na suid gesien, lê sowat twee derdes van die landmassa in die Noordelike Halfrond. Verreweg die grootste deel,... |
Afrika-skild |
Kenmerkend van Afrika is die algemene plat voorkoms van die landskap. Die grootste deel van die vasteland bestaan uit valleie en hoë plato's, met enkele heuwels en berge wat bokant die landskap uittroon. Die byna plat voorkoms van die landoppervlakte kan toegeskryf word aan die hoe ouderdom van 'n groot deel van die ko... |
Só 'n ou geologiese vorming word 'n skild genoem. Daar is talle aanduidings dat die Afrika-skild, sowel as soortgelyke geologiese skilde soos dié in Suid-Amerika, Australië, Indië en Antarktika, oorspronklik een groot vasteland, naamlik Gondwanaland, gevorm het. |
Die vastelande het stadig uitmekaar gedryf tot in hul huidige posisies op die aardbol. Volgens die teorie was die eiland Madagaskar, eers deel van Afrika (Plaattektoniek). |
Weens verskeie vertikale bewegings is die Afrika-skild verdeel in 'n aantal skolle of verskuiwingsblokke, elk met 'n skoffelvormige bovlak, met 'n versonke middelste vlak. In Suider-Afrika is die plato's of tafellande hoër as die verder noord. Die gemiddelde hoogte in die suidelike deel van die kontinent is sowat 1 000... |
Die Kongo-bekken lê sowat 300 meter bo seespieël, terwyl sy kante omtrent 1 000 meter hoog is. Noord van die bekken is die gemiddelde hoogte laer. Die diepste deel van die Sahara-bekken lê onder seespieël. |
Afrika kan dus gesien word as 'n reeks plato's en valleie wat trapsgewys van suid na noord daal, met net enkele natuurlike grense tussenin. |
Slenkvalleis en vulkane |
In die oostelike dele van Afrika het reuse-breuk vormings, saam met vulkaniese uitbarstings, die landskap heeltemal verander. Hier is die landmassa letterlik "gebreek". So het lang en diep valleie (slenke) gevorm, wat deel vorm van 'n slenkstelsel wat van die Jordaanvallei, deur die Rooisee en Ethiopië, na die Shire-v... |
Op die plato lê die groot, maar vlak Victoriameer (skaars 80 m diep). Die westelike een van die twee groot slenkdale, naamlik die Groot Skeurvallei, kan duidelik op 'n kaart herken word omdat dit só 'n reeks smal, diep mere gevorm het van noord na suid kry 'n mens die Albertmeer, die Edwardmeer, die Kivumeer, die Tanga... |
Hoewel vulkaniese werkinge nog nie heeltemal uitgewoed is nie, het dit vandag nie naastenby die omvang en intensiteit wat dit voorheen gehad het nie. Daarvan getuig die groot, uitgewerkte vulkane wat tot vandag toe Afrika se hoogste berge is. Die hoogste berg is Kilimandjaro naby die grens tussen Kenia en Tanzanië. Dit... |
Kameroenberg in Wes-Afrika is deur 'n soortgelyke proses gevorm, maar op 'n kleiner skaal: in dié gebied het vulkaniese werkinge 'n groter rol gespeel as breukvorming, en die opstoot van aardkorsdele na bo. Kameroenberg loop tot onder die see deur. Daarvan getuig die eilandreeks Fernando Po, Principe, Sao Tomé en Anno... |
Die vorming van bergreekse deur plooiing van die aardkors in die latere geologiese tydperke, het weinig invloed op Afrika gehad, meestal ook net aan die noordelike en suidelike rande. Hierdeur het die Atlasgebergte in die noordweste gevorm, heel waarskynlik in ongeveer dieselfde tyd as wat die groot bergreekse in Euras... |
Riviere en mere |
Behalwe vir die Atlasgebergte met sy talle klein riviertjies, toon die waterverspreidingspatroon van Afrika 'n baie duidelike patroon wat ooreenstem met die relatief eenvoudige struktuur van die vasteland. Daar is 'n paar groot rivierbekkens, asook etlike bekkens wat nie na die see uitloop nie. Sowat een derde van Afr... |
Die riviere in die beskutte Oos-Afrika-bekken vloei uit in die Turkanameer. Aangrensend aan die Sahara en die Kalahari lê die groot moerasagtige mere, naamlik die soet Tsjadmeer, wat waarskynlik ondergronds deur soetwaterstrome gevoed word en die Okavangomoerasse, wat weens 'n verdampingsproses soutwater bevat. Belangr... |
In die algemeen is die riviere minder belangrik vir skeepvaart. Die Niger- en die Oranjerivier is byvoorbeeld in die droë seisoen te vlak vir skeepvaart. Die water van die Oranjerivier bereik selfs nie eers gedurende die hele jaar deur die see nie. |
Verder het die kenmerkende platovoorkoms van Afrika tot gevolg dat die meeste riviere juis by die kus waar die platorand skielik ophou, opskiet bo 'n smal kusvlakte en watervalle of stroomversnellings tot gevolg het. Riviere vorm ook watervalle teen die kante van die plato's in die binneland waarvan talle baie indrukwe... |
Afrika se beroemdste waterval is die Victoria-waterval op die grens tussen Zambië en Zimbabwe waar die water van die Zambezi 100 m na benede stort. Een voordeel van dié stapsgewyse afdaling van die Afrika-rivierbeddings, is dat daar op die vasteland talle geleenthede bestaan vir hidroëlektriese kraginstallasies. |
Klimaat en natuurlike plantegroei |
Omdat die ewenaar deur die middel van Afrika loop, is die patroon van die klimaat en plantegroeistreke wat in die Noordelike Halfrond le, in 'n groot mate dieselfde as in die Suidelike Halfrond. |
Dat dit nie heeltemal dieselfde is nie, kan toegeskryf word aan die feit dat die noordelike deel baie wyer is, en net deur diesmal Rooi See van Eurasië se landmassa geskei word, terwyl die invloed van die Indiese Oseaan tot diep in die binneland van Suider-Afrika waargeneem kan word. |
Die belangrikste verskil tussen die noorde en die suide is dat die wêreld se grootste woestyn, die Sahara, in die Noordelike Halfrond is, terwyl die woestyngebiede van Suider-Afrika (die Namib en die Kalahari) baie kleiner is. |
Die simmetrie van die noordelike en suidelike helftes word ook verbreek deur die hoe plato's, en dit beïnvloed ook die reënvalpatroon en temperatuur. Behalwe vir die verskille tussen die hooglande en die laerliggende dele, word die klimaat verskille van Afrika hoofsaaklik bepaal deur verskille in reënval en nie deur ve... |
Temperatuur speel natuurlik ook 'n rol, maar (behalwe by die hoogste bergpieke) verander dit nie die algemene toestand dat Afrika regdeur die jaar warm bly. In die tropiese dele van Afrika word die seisoenverskille in reënval bepaal deur die ekwatoriale laag-drukstelsel wat 'n baie hoër reënvalsyfer tot gevolg het. In ... |
Die reëngordel beweeg nie volgens riglyne nie, omdat dit nie deur topografiese kenmerke gelei ward nie. Daarom is die begin van die reënseisoen moeilik voorspelbaar een jaar is dit vroeg, die volgende jaar laat. Soms val daar baie reën, dan weer minder. Die sones met wisselende droë en nat seisoene beweeg geleidelik oo... |
In die suidelike deel van die vasteland is die woestyn relatief klein. Die Namibwoestyn, wat aan die kus van Namibië lê, is uiters droog. Die Kalahari in Botswana is in der waarheid eerder 'n halfwoestyn. Die reusagtige Sahara in die noorde word elke jaar steeds groter en brei veral na die suide uit omdat baie min reën... |
'n Middellandse Seeklimaat, 'n klimaat wat bestaan uit droë, warm somers, en koeler winters wanneer die meeste reën voorkom, oorheers in die noordweste en die suidelike grensgebiede van Afrika. Die patroon van Afrika se plantegroei hang van die klimaatstreke af. |
Tropiese reënwoude groei in die natste dele, in die hartjie van die Kongo-bekken en die kus van Wes-Afrika. 'n Ander soort reënwoud sorg vir die natuurlike plantegroei teen die nat en reënerige hellings van die Oos-Afrika-hooglande. Rondom die oerwoud, strek die vogtige savanne of grasvlakte met hoë, wuiwende gras en h... |
Fauna en flora |
Afrika het nie so baie oerwoude soos wat die algemene indruk is nie. Die grootste deel van sy oppervlakte bestaan uit uitgestrekte vlaktes, woestyne en savannes. Gedeeltelik is dit die natuurlike gevolg van prehistoriese vulkaniese uitbarstings. Die vulkaniese afsettings is net deur 'n dun lagie grond bedek waarin bome... |
Reënwaterplante oorleef op hulle beurt weer deur middel van hul sade wat hul ontkiemingskrag vir jare kan behou. Wanneer dit wel reën, blom die reënplante binne 'n byna ongelooflik kort tyd. |
Honderdduisende dadelpalms en ander vrugtebome word by oases aangeplant. Daarom is die plantegroei daar altyd weelderig. Die oorspronklike oaseplantegroei, wat waarskynlik uit struike soos die selonsroos (Nerium oleander) en bome soos die tamarinde (Tamarindus indica) bestaan het, het feitlik verdwyn. |
Die gebrek aan voedsel en skuiling, maak die lewe baie moeilik vir die groter soogdiere wat uit die aard van die saak 'n maklike prooi vir mensejagters is. Diere soos die jagluiperd, die rooihartbees, die damhert, 'n wildsboksoort, en die sierlike gemsbok, is feitlik heeltemal uitgeroei in die woestyngebiede. Die sandh... |
Die Namib-woestyn in Namibië is een van die mees onherbergsame streke ter wêreld. Ook hier is die harde aapstertstreekgras (Aristida congesta) van die min plante wat aangetref word. Die beroemde Welwitschiaplant (Welwitschia mirabilis) kan ondanks die meedoënlose klimaat honderde jare aan die lewe bly. |
Die tropiese reënwoude kom voor in gebiede waar die reënval meer as 1 500 mm per jaar is. Weens die vogtigheid en die baie hitte, is daar altyd 'n immergroen en baie weelderige, digte plantegroei. In Afrika word reënwoude hoofsaaklik langs die Weskus aangetref. |
Ruimte vir groot troppe is daar nie en die meeste soogdiere is alleenlopers. Hulle is gewoonlik sku diere wat snags aktief is. Een van die grootste inwoners van die reënwoud is die okapi ('n skaars verwant van die kameelperd), die boseland en die reuse-bosvark. |
Die sterkste aapsoort is die gorilla soos die laagland-gorilla van Nigerië, Kameroen en die Kongo, en die berggorilla van Uganda en die vulkaangebied van die oostelike Kongo, waar dit tot op 'n hoogte van 4 000 m voorkom. |
Die ander mensaap van Afrika, die sjimpansee, kan heel gemaklik in die grasvlaktes leef, maar is in die oerwoud beter teen mense beskerm. |
End of preview. Expand in Data Studio
No dataset card yet
- Downloads last month
- 177