text
string
id
string
dump
string
url
string
date
string
file_path
string
license_abbr
string
license_version
string
license_location
string
license_in_head
bool
license_in_footer
bool
potential_licenses
dict
license_parse_error
bool
license_disagreement
bool
language_script
string
language
string
language_score
float64
found_in_fw
bool
Haumea Haumea, amptelik (136108) Haumea, is ’n dwergplaneet in die Kuipergordel, net anderkant Neptunus se wentelbaan.[13] Dit is in 2004 die eerste keer deur ’n span onder leiding van Mike Brown by die Palomar-sterrewag in Kalifornië ontdek en in 2005 onafhanklik deur ’n span van die Sierra Nevada-sterrewag in Spanje, hoewel laasgenoemde eis betwis word. Die Hubble-ruimteteleskoop se foto van Haumea (middel) en sy twee mane, Hiʻiaka (bo) en Namaka. | | Ontdekking | | ---|---| Ontdek deur | Brown et al., Ortiz et al. (geeneen amptelik) | Datum | 28 Desember 2004 (Brown et al.) Julie 2005 (Ortiz et al.) | Kleinplaneet-benaming | (136108) Haumea | Alternatiewe name | 2003 EL61 | Kleinplaneet-kategorie | Dwergplaneet, plutoïde, TNV (nie meer cubewano)[1][2] | Etimologie | Haumea | Wentelbaaneienskappe[3] | | Epog 30 November 2008 (JD 2 454 800,5) | | Afelium | 51,544 AE7 (710 Tm) | Perihelium | 34,721 AE {5,194 Tm) | Semihoofas | 43,132 AE (6,452 Tm) | Wentelperiode | 283,28 jaar (103 468 dae) | Gem. omwentelingspoed | 4,484 km/s | Gem. anomalie | 202,67° | Hellingshoek | 28,22° | Lengteligging van stygende nodus | 121,10° | Periheliumhoek | 239,18° | Natuurlike satelliete | 2 | Fisiese eienskappe Afmetings | ≈1 960 × 1 518 × 996 km (Keck)[4] | Gem. radius | ≈789 km (Spitzer)[5] ~650 km (Herschel)[6] | Oppervlakte | ≈27 km2 | Massa | (4,006 ± 0,040)21 kg[7] (0,00066 aardmassas) | Gem. digtheid | 2,6-3,3 g/cm3[4] | Oppervlak- aantrekkingskrag | 0,44 m/s2 | Ontsnapping- snelheid | 0,84 km/s | Sideriese rotasieperiode | 0,163 146 ± 0,000 004 d (3,915 5 ± 0,000 1 h)[8] | Temperatuur | <50 K[9] | Spektraaltipe: | B-V = 0,64, V-R = 0,33, B0-V0 = 0,646[10] | Skynmagnitude | 17,3 (opposisie)[11][12] | Absolute magnitude | 0,01053 ± 0,44[3] | Omdat twyfel bestaan oor of Haumea in hidrostatiese ewewig is, is dit egter dalk nie werklik ’n dwergplaneet nie. Dit lyk of dit dalk ’n uiters langwerpige vorm het, wat uniek is onder Trans-Neptunus-voorwerpe (TNV's). Die vorm is nog nie direk waargeneem nie, maar berekenings na aanleiding van sy ligkurwe dui op ’n ellipsoïdale vorm. EienskappeWysig Haumea se massa is omtrent 1⁄3 van Pluto s’n en 1⁄1 400 van dié van die Aarde. Tot onlangs is geglo sy swaartekrag is groot genoeg om hom rond te druk, maar berekenings dui daarop dat sy hoofas twee keer so lank as sy kort as is. Haumea se langwerpige vorm, vinnige rotasie en hoë albedo (van ’n oppervlak van kristalagtige waterys) is vermoedelik die gevolg van ’n reusebotsing, wat daartoe gelei het dat Haumea die grootste lid van ’n botsingsfamilie is wat verskeie groot TNV's en Haumea se twee bekende mane, Hiʻiaka en Namaka, insluit. Haumea is tans die derde grootste TNV, naas Eris en Pluto. Met ’n skynbare magnitude van 17,3,[11] is Haumea die derde helderste voorwerp in die Kuipergordel, naas Pluto en Makemake, en maklik deur ’n amateurteleskoop sigbaar.[4] Omdat die planete en meeste klein Sonnestelselliggame ’n wentelvlak deel vanweë die protoplanetêre skyf waaruit hulle gevorm het met die ontstaan van die Son, het die meeste vroeë opnames van verafgeleë voorwerpe gefokus op hierdie vlak, wat die sonnebaan genoem word.[14] Nadat die streek naby die sonnebaan goed verken was, was latere opnames gemik op voorwerpe met groter baanhellings. Tydens dié opnames is Haumea eindelik ontdek, met sy groot baanhelling en huidige posisie ver van die sonnebaan. VerwysingsWysig - ( ) "MPEC 2010-H75 : DISTANT MINOR PLANETS (2010 MAY 14.0 TT)" (2006 provisional Cubewano listing). Minor Planet Center. 2010-04-10. Besoek op 2010-07-02. - ( Marc W. Buie (2008-06-25). ) "Orbit Fit and Astrometric record for 136108". Southwest Research Institute (Space Science Department). Besoek op 2008-10-02. - ( ) "Jet Propulsion Laboratory Small-Body Database Browser: 136108 Haumea (2003 EL61)". NASA's Jet Propulsion Laboratory. 2008-05-10. Besoek op 2008-06-11. - ( D. L. Rabinowitz, et al. (2006). “Photometric Observations Constraining the Size, Shape, and Albedo of 2003 EL61, a Rapidly Rotating, Pluto-Sized Object in the Kuiper Belt”. Astrophysical Journal 639 (2): 1238–1251. ) doi:10.1086/499575. - ( J. Stansberry, W. Grundy, M. Brown, et al. (2008). “Physical Properties of Kuiper Belt and Centaur Objects: Constraints from Spitzer Space Telescope”. The Solar System beyond Neptune. ) - ( E. Lollouch, et al. (2010). “"TNOs are cool": A survey of the trans-Neptunian region II. The thermal lightcurve of (136108) Haumea”. Astronomy and Astrophysics 518. ) doi:10.1051/0004-6361/201014648. - ( D. Ragozzine , M. E. Brown (2009). “Orbits and Masses of the Satellites of the Dwarf Planet Haumea = 2003 EL61”. The Astronomical Journal 137 (6): 4766. ) doi:10.1088/0004-6256/137/6/4766. - ( P. Lacerda, D. Jewitt and N. Peixinho (2008). “High-Precision Photometry of Extreme KBO 2003 EL61”. Astronomical Journal 135 (5): 1749–1756. ) doi:10.1088/0004-6256/135/5/1749. - ( Chadwick A. Trujillo, Michael E. Brown, Kristina Barkume, Emily Shaller, David L. Rabinowitz (2007). “The Surface of 2003 EL61 in the Near Infrared”. Astrophysical Journal 655 (2): 1172–1178. ) doi:10.1086/509861. - ( D. L. Rabinowitz et al. (2008). “The Youthful Appearance of the 2003 EL61 Collisional Family”. The Astronomical Journal 136 (4): 1502. ) doi:10.1088/0004-6256/136/4/1502. - ( ) "AstDys (136108) Haumea Ephemerides". Department of Mathematics, University of Pisa, Italy. Besoek op 2009-03-19. - ( ) "HORIZONS Web-Interface". NASA Jet Propulsion Laboratory Solar System Dynamics. Besoek op 2008-07-02. External link in |publisher= (help) - "IAU names fifth dwarf planet Haumea". IAU Press Release. 2008-09-17. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2011-07-02. Besoek op 2008-09-17. - C. A. Trujillo (Junie 2003). “The Caltech Wide Area Sky Survey”. Earth, Moon, and Planets 112 (1–4): 92–99. doi:10.1023/B:MOON.0000031929.19729.a1. Eksterne skakelsWysig Die Sonnestelsel | ---| Son • Mercurius • Venus • Aarde • Mars • Ceres • Jupiter • Saturnus • Uranus • Neptunus • Pluto • Haumea • Makemake • Eris | Mane: Aarde • Mars • Asteroïdies • Jupiter • Saturnus • Uranus • Neptunus • Pluto • Haumea • Eris • Ringe: Jupiter • Saturnus • Uranus • Neptunus | Planete • Dwergplanete • Kleinplanete Meteoroïdes • Asteroïdes • Asteroïdegordel • Sentoure • Trans-Neptunus-voorwerpe • Kuipergordel • Verstrooide skyf • Komete • Hillswolk • Oortwolk |
<urn:uuid:282274bd-68c7-4af0-9890-790190f8477b>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Haumea
2019-07-20T07:11:38Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526489.6/warc/CC-MAIN-20190720070937-20190720092937-00080.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.971551
false
Klein Vrystaat Klein Vrystaat was ’n kortstondige Boererepubliek in die Piet Retief omgewing in wat nou Mpumalanga, Suid-Afrika is. Vanaf ongeveer 1876 het ’n groep Boere op grond gewoon wat van die Swazi koning Umbandino gekoop is. In 1886 is ’n formele regering gevorm gevolg deur die aanneming van ’n grondwet. Eksterne skakels[wysig | wysig bron] - Klein Vrystaat by Flags of the World
<urn:uuid:b4d81519-f0b0-4d88-ab17-5353f4a69a81>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Klein_Vrystaat
2019-07-21T13:09:59Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527000.10/warc/CC-MAIN-20190721123414-20190721145414-00240.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999893
false
Koers On-line version ISSN 2304-8557 Print version ISSN 0023-270X Abstract DE BOER, Erik A.. Die dood van 'n leier: Calvyn se kommentaar op Josua in die laaste jaar van sy lewe (1563). Koers (Online) [online]. 2014, vol.79, n.4, pp.1-5. ISSN 2304-8557. http://dx.doi.org/10.4102/KOERS.V79I4.2173. In die vroeë moderne periode is die testament, dood, begrafnis en begrafnistoesprake van openbare figure dikwels noukeurig opgeteken. Sulke verslae gee weer watter agting daar vir hierdie leiers was, soos die voorbeeld van Martin Luther duidelik aantoon. Ofskoon die verslag van Johannes Calvyn se afsterwe eenvoudiger lyk, fokus die verhaal van sy laaste dae veral op sy afskeidsredes. Die oorblywende manuskripte van Calvyn se bydraes aan die Bybelstudie oor Josua in 1563-1564 getuig hoe hy bewustelik oor sy eie sterflikheid gereflekteer het. Hoe het hy, hulle voorsitter, gedurende die laaste jaar van sy lewe die Vergadering van Predikante toegespreek tydens die behandeling van die boek Josua in die weeklikse congregations? Sowel die einde van die Harmonie op die Pentateug as die einde van die kommentaar op Josua behandel afskeidsredes van Israel se leiers. Het Calvyn die Ou-Testamentiese profete en leiers met die predikante van Genève vergelyk? Die akademiese diskussie oor Calvyn se persepsie van homself as profeet is deel van die diskussie oor sy selfbewussyn in die laaste jaar van die kollegiale uitleg van die Bybel.
<urn:uuid:d30f383f-23be-446a-af9c-d0a17145015c>
CC-MAIN-2019-30
http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_abstract&pid=S2304-85572014000400003&lng=en&nrm=iso&tlng=af
2019-07-24T02:34:48Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530250.98/warc/CC-MAIN-20190724020454-20190724042454-00000.warc.gz
by
4.0
a_tag
false
false
{ "abbr": [ "by", "by" ], "in_footer": [ false, false ], "in_head": [ false, false ], "location": [ "a_tag", "a_tag" ], "version": [ "4.0", "4.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999995
false
Bespreking:Pretoria Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Pretoria-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. | Artikelriglyne Daaglikse bladtrekke | | Inhoud Jacaranda's[wysig bron] Kaal hoor zonder die prachtige Jacaranda's ;-) Jcwf Naam[wysig bron] Die nuwe naam van Pretoria is nog steeds omstrede - (Ik moet hier oppassen dat ik mijn hoofd hier niet in een wespennest steek....) Probleem is, nergens uit dit artikel blijkt dat Pretoria een nieuwe naam heeft. Beter gezegd, in de eerste zinnen wordt gezegd dat Pretoria slechts een deel van een metropolitaans gebied is geworden. - Ik besef dat dit een gevoelige Brussel/Bruxelles-achtige discussie is in Zuid-Afrika, maar er zal toch iets van een uitleg moeten komen. Danielm 5 Julie 2005 15:56 (UTC) - Ha-Ha :-) Jy's heeltemaal reg, Daniël - bly maar hier uit totdat die stof gaan lê het. Nogal 'n sensitiewe saak .... Waar is die ouens wat hierdie een kan hanteer? JohanL 5 Julie 2005 16:06 (UTC) - Goed. Ek sal eerste byt. Soos die voorstaanders van die naam Tshwane ons baie duidelik laat verstaan het, staan Pretoria al lankal bekend met meer as een naam. Pretoria (in Afrikaans en Engels {met verskillende uitsprake, natuurlik}) en Tshwane in die Sotho-tale. Dis natuurlik 'n onvolledige opmerking. Ek kan ten minste Zoeloe se iPitoli byvoeg. Dalk is daar selfs nog iets interessant om te hoor van Shangaan en Venda. Niemand (sover ek weet) het ooit gekla toe Pretoria die enigste amptelike naam was en mense dit in Sotho Tshwane genoem het nie. Dis tog immers doodnormaal vir plekke in Suid-Afrika om meer as een naam te hê. Kaapstad/Cape Town/iKapa, Johannesburg / Egoli / Jozi, Durban / iThekwini, Nelspruit/iNasipoti en vele ander. Dus wil ek voorstel dat ons in Afrikaans aanhou om dit Pretoria te noem. Ons noem fr:Paris Parys, uk:London Londen, hoekom nie Tshwane Pretoria nie? Ons moet natuurlik die feite van amptelike registrasie noem en die korrekte aansture maak. 'n Ander rede hoekom ek nie te mal is oor Tshwane nie, is omdat ek voel dat dit 'n spelfout is in Afrikaans. Is dit nie meer tradisioneel om Tsjwane te skryf nie? Ek dink amper dat die die tsj-klank verskillend gespel word in die verskillende Sotho-tale. My 5c (vir die Nederlanders, ZAR 1c en 2c word nie meer gemaak nie :-) --Alias 5 Julie 2005 20:31 (UTC) - Laat ik het maar op z'n Afrikaans zeggen: ek stem saam; ik twijfel er niet aan dat beide namen in de toekomst gebruikt gaan worden. Ook op de Nederlandse Wikipedia blijft dit voorlopig wat mij betreft gewoon Pretoria genoemd worden; wij wachten op de Taalunie en deze erkent in veel gevallen naamswijzigingen, maar niet altijd. (Mumbai heet nog altijd Bombay in het Nederlands.) Er is geen noodzaak om hierop vooruit te lopen. Danielm 5 Julie 2005 21:14 (UTC) - Ek het gehoor dat die naam 'Tshwane' hoegenaamd geen geskiedkundige waarde het nie. Dit verwys glo na die Apiesrivier, en nie na die nedersetting wat later deur die Boere gestig sou word nie. Ek het iewers anders gehoor dat dié naam weer verwys na 'n tipe reëndans van die Tswana-volk. Nou is ek heeltemal deurmekaar! Din elk geval lyk dit vir my eerder 'n poging van die bestuur om 'n nuwe mite te skep, pleks van om 'n waaragtige, histories verantwoorde naam vir die stad te bedink. Die bestuurders stel hoegenaamd nie belang in geskiedenis nie: hulle wil net afbreek en opnuut begin. Nou ja, dis hoe ek die naamsveranderingstorie opvat... Thiois 15:56, 27 Januarie 2006 (UTC) Hierdie deel (onder andere) is verwyder met die opsomming "verwyder spekulasie, persoonlike opinie" - Selfs die oorgrote meerderheid swart ateljeegehoor het ten gunste van die naam Pretoria gestem. As ek dit nie mis het nie is hierdie tog 'n doodgewone feit - hoe dan nou? --Alias 14:57, 25 Junie 2006 (UTC) Die geduurige HERVERNOEMINGS van stede, straate en geboue sal ons nog groot probleme veroorsaak. Later sal niemand meer weet waarvan hy/sy kom, en waarheen hy/sy op pad is nie. Veral vir die historiese skrywers sal dit groot kopseer kan veroorsaak - buite en behalwe die finansiële aspekte. Beste groete uit PRETORIA, Pieter-ZA (kontak) 12:00, 16 Junie 2008 (UTC) - Nou het ek die belangrikste vergeet ... - Kan die HERVERNOEMINGS nie terug gehou word, totdat dit WETTIG is nie? Pieter-ZA (kontak) 12:03, 16 Junie 2008 (UTC) Uitleg verander[wysig bron] Ek het gesien die artikel was voorgestel as "artikel van die week" vir 2007, dus het ek 'n bietjie nader kom loer, net om getref te word deur 'n skandelike uitleg. Die manier waarop die foto's geplaas was het onaangenaam groot wit spasies gelaat en die inhoud het êrens in die middel rondgedwaal. Ek aanvaar dit is a.g.v. my rekenaar se (resolusie?) - 1024x768, maar ek het dit nog steeds goedgedink om te verander. Die foto van die ekonomiese distrik pas miskien nie 100% by Infrastruktuur nie, maar eerder daar as by Geskiedenis. Hopelik sal ander grootte skerms nie 'n probleem met hierdie uitleg hê nie. Anrie 10:51, 26 Februarie 2007 (UTC) Naam vir Blankes[wysig bron] - No difference. Anrie (kontak) 21:24, 7 Januarie 2009 (UTC) - Ek sou sê wit is 'n meer neutrale term - dis bloot 'n velkleur. Blankheid is 'n soort identiteit wat gewoonlik met sekere politieke voorkeure en vooroordele gepaard gaan. Dan Roodt is 'n blanke, Max du Preez is wit. alleman (kontak) 00:02, 9 Januarie 2009 (UTC). - Ek stem, in Suid-Afrika het blanke 'n Apartheid konnotasie waar mens dan ook baie in die term nieblanke vasgeloop het. Ek wonder of Dan Roodt met jou sal saam stem oor sy klassifikasie. Hy het nie daarvan gehou toe ek geskryf het hy is verregs nie :-) laurens (kontak) 05:20, 9 Januarie 2009 (UTC) - Wonder of dit nie maar van die standpunt afhanklik is nie. Indien baie mense verlinks is (in 'n kring), dan lyk dit so as of die persoon in die midde verregs is. --220.127.116.11 23:03, 7 Februarie 2014 (UTC) - Ek stem, in Suid-Afrika het blanke 'n Apartheid konnotasie waar mens dan ook baie in die term nieblanke vasgeloop het. Ek wonder of Dan Roodt met jou sal saam stem oor sy klassifikasie. Hy het nie daarvan gehou toe ek geskryf het hy is verregs nie :-) laurens (kontak) 05:20, 9 Januarie 2009 (UTC) Stukkende eksterne skakel[wysig bron] During several automated bot runs the following external link was found to be unavailable. Please check if the link is in fact down and fix or remove it in that case! - http://www.zambi.co.za/artikel.asp?nID=482 Pretoria Destinations[wysig bron] Ek wil "Pretoria Destinations" onder "Kunsgalerye en museums" verwyder, aangesien ek vermoed dat dit nie meer bestaan nie. Ek kan nêrens enige infomasie oor die plek kry nie, miskien was dit voorheen die naam van 'n museum of kunsgalery wat moontlik nou verander het. Het iemand dalk enige informasie oor die plek? Indien nie, sou daar enige beswaar wees of kan ek voortgaan en "Pretoria Destinations" verwyder? Groete Ossewa (kontak) 14:39, 9 Maart 2017 (UTC)
<urn:uuid:38019572-93ae-4c47-91b6-f876b9d6dd3d>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Pretoria
2019-07-16T14:39:47Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524568.14/warc/CC-MAIN-20190716135748-20190716161748-00184.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999719
false
Gloria Vanderbilt Jump to navigation Jump to search Gloria Vanderbilt | | Geboortenaam | Gloria Laura Vanderbilt | ---|---| Geboorte | 20 Februarie 1924 | Nasionaliteit | Amerikaans | Kinders | 4, insluitende Anderson Cooper | Beroep(e) | Aktrise | Internet-rolprentdatabasis-profiel | Gloria Vanderbilt (gebore 20 Februarie 1924) is 'n Amerikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die televisiereekse Kraft Theatre (1947), The United States Steel Hour (1953), Playhouse 90 (1956), en Adventures in Paradise (1959). Filmografie[wysig | wysig bron] Rolprente[wysig | wysig bron] - 2012: Le secret de la Dernière Malle de Marilyn Televisiereekse[wysig | wysig bron] - 1947: Kraft Theatre - 1953: The United States Steel Hour - 1956: Playhouse 90 - 1959: Adventures in Paradise - 2011: Anderson Live
<urn:uuid:ca75b6ac-7fc3-4a1b-98c0-5aa76281e2d1>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Gloria_Vanderbilt
2019-07-16T15:15:59Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524568.14/warc/CC-MAIN-20190716135748-20190716161748-00184.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.850802
false
Eloffstraat Eloffstraat is ’n vername straat in die Johannesburgse middestad en die eerste straat wat tydens die opmeting van die stad ’n naam gekry het. Dis genoem na Jan Eloff, die stad se tweede mynkommissaris en opvolger van Carl von Brandis. Mettertyd sou nog 12 strate in die groter Johannesburgse gebied sy naam kry.[1] Eloffstraat was in die begindae die inkopiemekka van die groeiende dorp. Dit het gelie van Parkstasie na die markplein, nou Beyers Naudéplein. Inhoud Jan Eloff, Randse pionierWysig Eloff het ná die Eerste Vryheidsoorlog klerk in die kantoor van die staatsprokureur in Pretoria geword, in 1884 is hy benoem tot eerste siviele kommissaris van die republiek en doen in dié hoedanigheid regstreekse kennis op van die gebeurtenisse insake die goudontdekking en van die ontplooiing van die Witwatersrandse goudveld. In September 1886 het hy openbare aanklaer en klerk van kaptein Carl von Brandis in Johannesburg geword en Von Brandis in November opgevolg as mynkommissaris van die goudveld. In 1886 was Eloff reeds voorsitter van die Delwerskomitee wat uit sewe lede bestaan en toe die Delwerskomitee in 1887 deur 'n Gesondheidsraad vervang word, was hy een van sewe lede. Die Gesondheidsraad het in beheer van plaaslike sake gebly tot die instelling van die eerste stadsraad in 1897. Eloff het mynkommissaris gebly tot einde Desember 1892 en so intiem gemoeid geraak met die ontstaan en groei van Johannesburg en van die vroeë ontwikkeling van die Witwatersrandse goudveld. Hoe die straat genoem isWysig Met die uitmeet van Johannesburg deur landmeter Jos de Villiers is die eerste straat Eloffstraat genoem. Oor die naam Eloffstraat het Jan Eloff later self verklaar: “Die landmeter van die stad was Willem de Villiers (volgens Nienaber het bedoel Jos de Villiers). Destyds was alles nog in 'n warboel en een dag toe De Villiers sy eerste straat klaar opgemeet het, het hy in ons tent (opgeslaan op die plek waar die huidige stadsbiblioteek staan) en, terwyl hy die plan op 'n leë whiskey-kis, ons tafel, neersit, sê hy: ‘Jan, ek het jou naam op hierdie kaart neergeskrywe sodat ek nie deurmekaar kan raak met die standplase nie.’ Op die wyse is my naam aan die eerste straat van Johannesburg gegee.” MonopolyWysig Met die uitreiking van die oorspronklike Suid-Afrikaanse weergawe van die bordspel Monopoly was Eloffstraat die waardevolste eiendom in die die vier stede wat destyds deel was van die spel: Johannesburg, Kaapstad, Bloemfontein en Durban. Indertyd kon spelers eiendom in Eloffstraat koop vir R400. In die jongste plaaslike weergawe, dié van 2002, is die tradisionele eiendomme in middestede verruil vir meer eksklusiewe eiendomme en is die strate in die vier stede vervang deur stede, buurte en bakens. Eloffstraat is steeds deel van die speletjie, maar nie meer so begeerlik soos in 1963 nie.[2] BronneWysig VerwysingsWysig - ( ) Johannesburg's famous pioneers. URL besoek op 26 Augustus 2016. - ( ) These are the richest streets that should be on SA’s Monopoly board. URl besoek op 26 Augustus 2016.
<urn:uuid:d708cb34-b0b1-4a37-b6e2-60afb7afd7cb>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Eloffstraat
2019-07-21T12:46:46Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527000.10/warc/CC-MAIN-20190721123414-20190721145414-00264.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999924
false
Kirkwood Kirkwood | | Kirkwood se ligging in Oos-Kaap Koördinate: Koördinate: | | Land | Suid-Afrika | ---|---| Provinsie | Oos-Kaap | Distrik | Sarah Baartman | Munisipaliteit | Sondagsriviervallei | Oppervlak[1] | | - Dorp | 4,49 km² (1,7 vk m) | Bevolking (2011)[1] | | - Dorp | 5 371 | - Digtheid | 1 196/km² (3 097,6/myl2) | Rasverdeling (2011)[1] | | • Blank | 18.3% | • Indiër/Asiër | 0.4% | • Kleurling | 57.6% | • Swart | 22.9% | • Ander | 0.9% | Taal (2011)[1] | | • Afrikaans | 82.6% | • Xhosa | 12.6% | • Engels | 2.4% | • Ander | 2.5% | Poskode (strate) | 6120 | Poskode (posbusse) | 6120 | Skakelkode(s) | 042 | Geskiedenis[wysig | wysig bron] Die dorp is in 1913 gestig as die kommersiële sentrum as gevolg van die groei van die sitrusbedryf en is vernoem na James Somers Kirkwood. Hy was die eerste persoon wat hier ontwikkelingswerk gedoen het. In Junie 1918 help ds. D.J. Pienaar van die NG gemeente Uitenhage hier met die stigting van die NG gemeente Sondagsrivier nadat heelwat gesinne van Oudtshoorn hulle hier kom vestig het ná die ineenstorting van die volstruisbedryf. Distrik[wysig | wysig bron] Die distrik is 2 300 km2 groot. Die belangrikste gewas is sitrus terwyl lusern, suiwel, pluimvee, wol en sybokhaar verbou word. Die skrywer, Percy Fitzpatrick, skrywer van Jock of the Bushveld, se graf is by die koppie wat The Lookout genoem word. Sien ook[wysig | wysig bron] Verwysings[wysig | wysig bron] - "Hoofplek Kirkwood". Sensus 2011.
<urn:uuid:103e8fc7-212a-43c1-b246-42e36e763c71>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kirkwood
2019-07-22T18:42:50Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528208.76/warc/CC-MAIN-20190722180254-20190722202254-00424.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999663
false
Stellenbosch Universiteitskoor Stellenbosch Universiteitskoor | || ---|---|---| Alias | Stellenbosch University Choir | | Oorsprong | Stellenbosch, Suid-Afrika | | Aktiewe jare | 1936 - hede | | Webwerf | sun.ac.za | | Musiekportaal | Stellenbosch Universiteitskoor (Engels: Stellenbosch University Choir) is 'n koor van die Universiteit Stellenbosch. Gestig in 1936, is dit die oudste koor in Suid-Afrika.[1] Die huidige koorleier, André van der Merwe, is aan die begin van 2003 aangestel. Die Stellenbosch Universiteitskoor het al menigte buitelandse toere onderneem en die optredes is krities bekroon. Die koor word ook as 'n leidende Suid-Afrikaanse koorsang-groep gesien. 'n Hoogtepunt was die aanwys van die koor as algehele wenner van die kategorie vir Jeugkore by die Wêreld Koorspele in Bremen, Duitsland in Julie 2004. Tydens die 2008 Wêreld Koorspele was die koor eerste geplaas in die kategorie Musica Sacra. Nog 'n 2004 hoogtepunt vir die koor was die deelname saam met die Kaapse Filharmoniese Orkes in Sinfonia Africana deur die Kaapse komponis Hendrik Hofmeyr. Hierdie baanbreker simfonie (met Afrikaanse teks) is geskryf vir sopraan, koor en orkes. Binne die Suid-Afrikaanse konteks raak dit meer belangrik om uit te reik na kore in minder bevoorregde gemeenskappe. Sedert die begin van 2005 tree die koor op as gasheer van 'n weeskinderkoor van Khayamandi - nie net om musikale onderrig aan die koor te verskaf nie maar ook om die Universiteitskoor van die waarde van gemeenskapsdiens bewus te maak. Die koor se nuutste CD, Laudate, is November 2008 vrygestel en bevat, onder andere snitte van die repertoire vir die 2008 Wêreld Koorspele. Inhoud Lys van Koorleiers[wysig | wysig bron] - William Morris (1936-1939) - Gawie Cillié (1940-1954) - Philip McLachlan (1955-1976) - Johan de Villiers (1977-1984) - Acáma Fick (1985-1992) - Sonja van der Walt (1993-2002) - André van der Merwe (2003-)[2] Onlangse Noemenswaardige Prestasies[wysig | wysig bron] 2004[wysig | wysig bron] In Julie 2004, wen die Koor die kategorie "Mixed Youth Choirs" (Gemengde Jeugkore) by die Wêreld Koorspele in Bremen, Duitsland met 92.13 punte. 2008[wysig | wysig bron] In Julie 2008 het die Koor aan die Wêreldkoorspele in Graz (Oostenryk) deelgeneem, waar hulle drie goue medaljes in die drie kategorieë waarin hulle deelgeneem het, verower.[3] Die koor was onder 22 ander kore van Suid-Afrika wat gekies is om deel te neem aan hierdie kompetisie van meer as 400 kore. Hulle wen die kategorie Musica Sacra: Open Category met 92.7 en is tweede geplaas in die kategorie Gospel & Spiritual met 92.13 punte. In die kategorie Mixed Youth Choirs, is die Koor 4de geplaas met 88 punte. Teen August 2008 is die Koor gerang as die beste koor in die kategorie Musica Sacra (Geweide Musiek) en die vierde beste koor, algeheel, in die wêreld! 2010[wysig | wysig bron] Gedurende Julie 2010 toer die Koor na Sjina vir die 6de Wêreld Koorspele in Shaoxing. Hier behaal hulle twee goue medaljes en word aangewys as wêreldkampioene vir hul twee kategorieë. In die kategorie vir gemengde kore (Mixed Choirs) behaal hulle 95.75 punte, die hoogste deur enige koor in die hele kompetisie! Hulle behaal ook 'n punt van 90.88 vir die kategorie vir kontemporêre musiek (Musica Contemporanea). Repertoire[wysig | wysig bron] 2008[wysig | wysig bron] - Aandlied (Tradisioneel Afrikaans) - verw. André van der Merwe (opgedra aan wyle prof. Elize Botha) - Dies Irae - Alberto Balzanelli (geb. 1941, Argentinië) - Anima Christi - Ryan Cayabyab (geb. 1954, Filippyne) - The Birth of Orc - Hendrik Hofmeyr (geb. 1957, Suid-Afrika) (in opdrag van die Wêreld Koorspele) - Laudate Dominum - Giedrius Svilainis (geb. 1972, Litaue) - Lauda Sion - György Orbán (geb. 1947, Hongarye) - Pie Jesu - Hendrik Hofmeyr (geb. 1957, Suid-Afrika) (In memoriam Laura Searle) - Lord, Lord God - Giedrius Svilainis (geb. 1972, Litaue) - Gloria - Hyo-Won Woo (geb. 1974, Korea) - I can tell the World - verw. Moses Hogan (1957 - 2003, VSA) - Amazing Grace - verw. Eriks Esenvalds (geb. 1977, Letland) - Who built the Ark? - verw. Moses Hogan (1957 - 2003, VSA) - John the Revelator - verw. Paul Caldwell/Sean Ivory (VSA) - Joy to the world - verw. André van der Merwe - Christmas Bells - Antoni Schonken (geb. 1987, Suid-Afrika) 2009[wysig | wysig bron] - Qui Sedes - James Fritschel (geb.1929, VSA) - Pater Noster - John Pamintuan (geb.1972, Filippyne) - Crucifixus - John Pamintuan (geb.1972, Filippyne) - Singet dem Hernn ein Neues Lied - Heinrich Schütz (1585 - 1672, Duitsland) - Ave Maria - Pawel Lukaszewski (geb.1968, Pole) - Ave Maria - Urmas Sisask (geb.1960, Estonia) - The Word was God - Rosephanye Powell (geb.1941, VSA) - Psalm 47 (O Clap Your Hands) - Douglas Coombes (geb.1944, Engeland) - By Jonasdrif se Sekelgat - Hendrik Hofmeyr (geb.1957, Suid-Afrika) - Two South African Folk Songs - verw. Henk Temmingh (geb.1939, Suid-Afrika) Opnames[wysig | wysig bron] Illumina (2006)[wysig | wysig bron] - Cover me with the night (2' 50") - Peter Klatzow (geb.1945, Suid-Afrika) - Os justi (4' 50") - Anton Bruckner (1824-1896, Oostenryk) - Justorum animae (2' 25") - William Byrd (1543-1623, Engeland) - Come, sweet death (6' 05") - J.S. Bach (1685-1750, Duitsland) verw. André van der Merwe (Soprane: Ilse le Roux, Diane Mostert, Nicole van der Molen) - Lux aeterna (6' 23") - Pēteris Vasks (geb.1946, Letland) - Psalm 8 (5' 15") - Roelof Temmingh (geb.1946, Suid-Afrika, oorl. 6 Mei 2012) - Ruth (4' 15") - Paul Ayres (geb.1970, Engeland) - Wana Baraka (2' 55") - verw. Shawn Kirchner (geb.1970, VSA) - Kyrie (3' 25") - Steve Dobrogosz (geb.1956, Swede) (Klavier: Karin Fourie) - Water Night (4' 40") - Eric Whitacre (geb.1970, VSA) - A boy and a girl (3' 50") - Eric Whitacre (geb.1970, VSA) - Twee Afrikaanse Volksliedjies (5' 05") - verw. André van der Merwe (Sopraan: Nicole van der Molen) - Bin-nam-ma (6' 10") - Alberto Grau (geb.1937, Venezuela) - Dans van die Reën (4' 25") - Hendrik Hofmeyr (geb.1957, Suid-Afrika) - Click Song (Tradisionele Xhosa lied) (2' 00") - verw. Hendrik Hofmeyr (geb.1957, Suid-Afrika) (Soprano: Nicole van der Molen) - Ngoni Burial Song (3' 30") - Douglas Reid (geb.1937, Suid-Afrika) aangepas deur André van der Merwe (Soprano: Nicole van der Molen) - Thola (Tradisionele Sesotho Wiegelied) (2' 35") - verw. André van der Merwe - Hosanna (Tradisionele Zoeloe lied) (2' 10") - verw. André van der Merwe - Vela! Asambeni siyekhaya (Tradisionele Afrika lied) (2' 55") - verw. André van der Merwe - Die album is in 2006 vrygestel en bevat werke wat deur die koor opgeneem is in die Endlersaal by die Kunservatorium aan die Universiteit van Stellenbosch. Laudate (2008)[wysig | wysig bron] - Svete Tihiy (Dankbare Lig) (2'50") - Alexander Kastalsky (1856 – 1926, Rusland) - Svete Tihiy (Dankbare Lig) (3'10") - Pavel Chesnokov (1877 – 1944, Rusland) - Alleluia (1'40") - Jacobus Gallus (1550 – 1591, Slovenië) - Haec Dies (2'30") - William Byrd (1543 – 1623, Engeland) - Oggendgesang (2'58") - verw. André van der Merwe (Violin: Madri Gerber) - Aandlied (3'40") - verw. André van der Merwe - Pie Jesu (2'45") - Hendrik Hofmeyr (geb. 1957, Suid-Afrika) - Anima Christi (4'35") - Ryan Cayabyab (geb. 1954, Filippyne) - Lauda Sion (2'35") - György Orbán (geb. 1947, Hongarye) - Laudate Dominum (4'28") - Giedrius Svilainis (geb. 1972, Litaue) - Gloria (4'04") - Hyo-Won Woo (geb. 1974, Korea) - Dies Irae (4'50") - Alberto Balzanelli (geb. 1941, Argentinië) - The Birth of Orc (4'32") - Hendrik Hofmeyr (geb. 1957, Suid-Afrika) - Ziles Zina (Boodskap van 'n Voël) (9'48") - Pēteris Vasks (geb. 1946, Letland) - Amazing Grace (4'35") - verw. Eriks Esenvalds (geb. 1977, Letland) (Sopraan: Zanike Botha) - Go, Tell It on The Mountain (2'30") - verw. Roland Carter (Soliste: Albert Willems, Geran Steyn, Andrea Winckler) - I Can Tell the World (2'36") - verw. Moses Hogan (1957 - 2003, VSA) - Witness (2'38") - verw. Jack Halloran (1916 - 1977, VSA) - John the Revelator (3'46") - verw. Paul Caldwell & Sean Ivory (Klavier: Elzeth Germishuys) - Come Again Sweet Days (1'40") - John Dowland (1563 – 1626, Engeland) - Die album is in November 2008 vrygestel en bevat werke opgeneem deur die koor in die Endlersaal by die Konservatorium van die Universiteit van Stellenbosch, gedurende 2007 en 2008. Die werke sluit bekroonde repertoire vir die 2008 Wêreld Koorspele in Graz, Oostenryk in. - Snit 14, Ziles Zina, is direk opgeneem tydens 'n optrede in die Endlersaal tydens 2007.
<urn:uuid:a0f132e6-f0bf-445f-b105-89bfd74bb131>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Stellenbosch_Universiteitskoor
2019-07-22T18:31:20Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528208.76/warc/CC-MAIN-20190722180254-20190722202254-00424.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.991187
false
Yucatán Sien ander Meksikaanse deelstate | ||||| Amptelike naam: Estado Libre y Soberano de Yucatán ("Vrye en onafhanklike staat van Yucatán") | ||||| Volkslied: geen | ||||| Land | Meksiko | |||| Hoofstad | Mérida | |||| Grootste stad | Mérida | |||| Munisipaliteite | 106 | |||| Oppervlakte | 39 524 km²[1] (20ste) | |||| Hoogste punt | 210 m[2] | |||| Bevolking (2012) - Totaal - Digtheid | 2 015 977[3] (21ste) 51 inw./km² (17de) | |||| Demoniem | Yucateco (a) | |||| Goewerneur | Rolando Zapata (PRI) | |||| Senators[4] | Daniel Ávila Ruiz (PAN) Adriana Díaz (PAN) Angélica Araujo (PRI) | |||| Stigting | 23 Desember 1823[5][6] (8ste) | |||| MOI (2010) | 0,734 – hoog (20ste) | |||| BBP (KKP (2009) - Totaal - Per capita | 9 191 180,625 VSA-$[7] | |||| Tydsone - Somertyd | SST (UTC−6) SDT (UTC−5) | |||| Poskode | 97 | |||| ISO 3166-2 | MX-YUC | |||| Amptelike webwerf | yucatan.gob.mx | Yucatán is een van die 31 deelstate wat saam met die Federale Distrik, die 32 Federale Entiteite van Meksiko vorm. Mérida is die hoofstad en die grootste stad in die deelstaat. Hierdie deelstaat is op die Yucatan-skiereiland geleë aan die ooste van Sentraal-Amerika langs die Golf van Meksiko. Sisal word in die deelstaat bewerk. Die deelstaat is 'n laagliggende plato wat nie hoër as 210 m bo seevlak is nie. Verwysings[wysig | wysig bron] - ( ) "Resumen". Cuentame INEGI. Besoek op 12 Februarie 2013. - ( ) "Relieve". Cuentame INEGI. Besoek op 20 Oktober 2010. - ( ) "ENOE". Besoek op 24 Augustus 2012. - ( ) "Senadores por Yucatán LXII y LXII Legislatura". Senado de la República. Besoek op 4 September 2012. - ( ) "Las Diputaciones Provinciales" (PDF). p. 15. - ( Nettie Lee Benson; Colegio de México. Centro de Estudios Históricos; Universidad Nacional Autónoma de México (1994). ) La diputación provincial y el federalismo mexicano. UNAM. pp. 227–. ISBN 978-968-12-0586-7. Besoek op 20 Februarie 2011. - ( ) "Mexico en Cifras". INEGI. Besoek op 9 April 2011. Eksterne skakels[wysig | wysig bron]
<urn:uuid:7108afca-491b-418e-8f3b-e7c5d6708628>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Yucat%C3%A1n
2019-07-22T19:12:13Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528208.76/warc/CC-MAIN-20190722180254-20190722202254-00424.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.968535
false
Albert Coates Albert Coates | || ---|---|---| Geboortenaam | Albert Henry Coates | | Geboorte | 23 April 1882 Sint Petersburg | | Afsterwe | 11 Desember 1953 Milnerton, Kaapstad | | Beroep(e) | Komponis, dirigent | | Genre(s) | Klassieke musiek | | Musiekportaal | Albert Coates (1882–1953) was ’n Russiesgebore Britse en later Suid-Afrikaanse dirigent en komponis. Tussen 1910 en 1917 was hy dirigent van die Mariinskiteater in Sint Petersburg. In 1919 sluit hy hom by die Londense Simfonieorkes aan, waar hy onder meer die Wêreldpremiére van Gustav Holst se volledige Planets Suite en die hersiene weergawe van Vaughan Williams se A London Sympony dirigeer. Nadat hy met die Suid-Afrikaanse sangeres Vera de Villiers getrou het, emigreer hulle in 1945 na Suid-Afrika. Hy het nege operas gekomponeer. Die laaste, Van Hanks and the Devil, is die eerste keer in 1952, ten tyde van die Van Riebeeck-fees, opgevoer.[1] Lewensloop[wysig | wysig bron] Hy studeer aan die konservatorium in Leipzig, waar sy grootste onderwyser Arthur Nikisch was. Hy het by die operahuis in Dresden gewerk en 'n dirigent in Sint Petersburg se Mariinskiteater geword. Ná die Russiese Rewolusie en die Eerste Wêreldoorlog kon hy in April 1919 uit Rusland ontsnap.[3] In 1914 tree hy vir die eerste keer by die Royal Opera House (Covent Garden) op, waar hy Richard Wagner se Tristan und Isolde dirigeer.[4] Hy was 'n energieke man wat die gehoor aan musiek voorgestel het wat hulle nie vantevore gehoor het nie, veral deur Russiese komponiste soos Alexander Scriabin, maar ook Engelse musiek deur Ralph Vaughan Williams, Arnold Bax en Gustav Holst. In die 1920's en vroeë 1930's het hy dikwels saam met die Londense Simfonieorkes gewerk. Hy het kort na die bekendstelling van die grammofoon opnames gemaak. Dit sluit in Scriabin's Poème de l'Extase en stukke van Wagner se Der Ring des Nibelungen en in 1925 Beethoven se volledige Simfonie Nr. 9. Hy was ook die dirigent vir die eerste opname van Rachmaninoff se Klavierkonsert Nr. 3, met Vladimir Horowitz as solis. In 1925 het hy die eerste verhoogoptrede van Rimsky-Korsakov se opera, The Legend of the Invisible City of Kitezh and the Maiden Fevroniya, buite Rusland aangebied. Hy het verskeie werke gekomponeer, waaronder operas en 'n simfoniese toondig, The Eagle, ter nagedagtenis aan sy voormalige onderwyser, Artur Nikisch. Die toondig is in 1925 in Leeds opgevoer. In 1946 het hy hom in Milnerton, Kaapstad gevestig, waar hy op 11 Desember 1953 oorlede is.[5] Verwysings[wysig | wysig bron] - HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8 - Holden, Raymond, "Coates, Albert Henry (1882–1953)", Oxford Dictionary of National Biography, Oxford University Press, 2004, besoek op 27 Februarie 2011} - "Albert Coates", Naxos Records, besoek op 27 Februarie 2011 - "Tristan und Isolde", The Times 20 Februarie 1914, p. 8 - Kennedy, Michael, "Coates, Albert," Grove Music Online, Oxford Music Online, besoek op 27 Februarie 2011
<urn:uuid:e20af1fc-8169-409b-9a66-57d7779a62a6>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Albert_Coates
2019-07-24T02:37:26Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530250.98/warc/CC-MAIN-20190724020454-20190724042454-00024.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999517
false
Bill Clinton Bill Clinton | | ---|---| 42ste President van die Verenigde State | | Ampstermyn | 20 Januarie 1993 – 20 Januarie 2001 | Voorganger | George H.W. Bush | Opvolger | George W. Bush | Geboortedatum | 19 Augustus 1946 | Geboorteplek | Hope, Arkansas | Sterftedatum | | Sterfteplek | | Eerste Dame | Hillary Clinton | Politieke party | Demokraat | Visepresident | Al Gore | Handtekening | William Jefferson (Bill) Clinton (gebore William Jefferson Blythe III, 19 Augustus 1946)[1] het van 1993 tot 2001 as die 42ste President van die Verenigde State van Amerika gedien.[2] Hy was die derde jongste president, slegs Theodore Roosevelt en John F. Kennedy was jonger as hy toe hulle president geword het. Clinton het aan die einde van die Koue Oorlog president geword. Omdat hy in die tydperk na die Tweede Wêreldoorlog gebore is, was hy die eerste Baby Boomer-president van Amerika.[3] Hy was vir die grootste deel van sy termyn gewild, hoofsaaklik omdat die Amerikaanse ekonomie toe sterk was. Sy reputasie het egter skade gely toe hy in 1998 ’n "onbehoorlike" verhouding met Monica Lewinsky, in 1995 ’n assistent in die Withuis, erken het. Sy vrou, Hillary Rodham Clinton, was op 'n tyd die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake. Sy was ook op 'n tyd 'n senator van New York en 'n presidentskandidaat vir die Demokratiese Party in die Amerikaanse presidentsverkiesing van 2008. VerwysingsWysig - "Biography of William J. Clinton". The White House. Besoek op 2008-10-29. - HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8 - Sandalow, Marc (2001-01-14). "Clinton Era Marked by Scandal, Prosperity: 1st Baby Boomer in White House Changed Notions of Presidency". San Francisco Chronicle. Besoek op 2008-10-29. Eksterne skakelsWysig Washington | J. Adams | Jefferson | Madison | Monroe | J.Q. Adams | Jackson | Van Buren | W. Harrison | Tyler | Polk | Taylor | Fillmore | Pierce | Buchanan | Lincoln | A. Johnson | Grant | Hayes | Garfield | Arthur | Cleveland | B. Harrison | Cleveland | McKinley | T. Roosevelt | Taft | Wilson | Harding | Coolidge | Hoover | F. Roosevelt | Truman | Eisenhower | Kennedy | L. Johnson | Nixon | Ford | Carter | Reagan | G.H.W. Bush | Clinton | G.W. Bush | Obama | Trump |
<urn:uuid:4836d88d-c9d2-4094-b8e5-98ca8ceef71c>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Bill_Clinton
2019-07-18T23:30:27Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525863.49/warc/CC-MAIN-20190718231656-20190719013656-00528.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.996676
false
Bladsygeskiedenis 17 Januarie 2019 10 Julie 2015 19 September 2014 15 September 2014 geen wysigingsopsomming nie -1 geen wysigingsopsomming nie +13 geen wysigingsopsomming nie +12 geen wysigingsopsomming nie geen wysigingsopsomming nie -4 Splash101 geen wysigingsopsomming nie 08:51 -1 Splash101 geen wysigingsopsomming nie 08:50 +13 Splash101 geen wysigingsopsomming nie 08:48 +12 Splash101 geen wysigingsopsomming nie 08:47 Splash101 geen wysigingsopsomming nie 08:46 -4
<urn:uuid:36f104e5-edfb-4d5b-94ae-86f662d486c6>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Geskiedenis/ArcelorMittal
2019-07-18T23:43:42Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525863.49/warc/CC-MAIN-20190718231656-20190719013656-00528.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.989517
false
Twente Twente is 'n streek in die ooste van Nederland. Die grootste deel val in die provinsie Overijssel (en 'n klein deeltjie in Gelderland). Enschede is die grootste stad in die streek. Daar woon ongeveer 650 000 mense. Inhoud GeskiedenisWysig In die 1ste eeu v.C. word die huidige streek Twente bewoon deur 'n Germaanse stam die Tubante. Tydens die periode van die Romeinse Ryk het die stam same met andere Germaanse stamme baie oorloë gevoer teen die Romeine. Die Romeine kon nooit die land van die Tubante verower nie, maar sommige Tubante het sich ingeskryf vir die Romeinse legioene. By die Muur van Hadrianus in die Verenigde Koninkryk het hulle inskripsies gevonde van Tubante in Romeinse dienst. Sedert die middeleeue word Twente bewoond deur die Sakse. Die streek word in die 8e eeu verower deur die Franke, wat die Christendom het verspreid. Vanaf die 10e eeu het die bestuur van Twente geval onder die biskoppe van Utrecht. Tydens die middeleeue het acht Twentse plaatse stadsregte gekry: Tydens die Tagtigjarige Oorlog is die grootste deel van Twente katoliek gebly, waardeur er in hierdie streek swaar geveg is. Die stede Oldenzaal, Enschede en Ootmarsum (in die tyd die belangrikste stede) het hulle stadsmure verloor in die oorlog. Tydens die Engels-Nederlandse oorloë het die Biskop van Münster tweemaal Twente verower, wat er mede voor gesorg het dat die bevolking katoliek is gebly (waar die grootste deel van Nederland protestant is). As in 1830 België die onafhanklikheid uitroep (waar toen die swaartepunt van Nederland se industrie was), stimuleer die regering die industrie in Twente. Die bevolking van Twente het in die 19e eeu baie gegroei. Veral Enschede, Hengelo en Almelo het uitgegroei tot grote stede deur die tekstiel- en metaalindustrie. Ook nuwe industriedorpe as Nijverdal word gestig. In hierdie tyd groei Twente uit tot 'n belangrike streek vir Nederland. Aanvanklik het gelyk dat Twente die Tweede Wêreldoorlog sonder grote probleme sou deurstaan. Vir Jode het hier reltief baie onderduikmoontlikhede gewees (meer Jode as in die rest van Nederland het die oorlog oorleef). Teen die eind van die oorlog het die Geallieerdes egter die stede Enschede en Hengelo gebombardeer, omdat hulle het gedink dit het Duitse stede gewees. Twente is in die lente van 1945 deur Kanadese bevry. In die sestiger jare van die 20e eeu het die Twentse industrie ingestort, deur konkurensie van lae lone lande. Net enkele fabrieke het gebly. In 1961 is die Universiteit Twente (in Enschede) gestig, wat die instroming van tegnologische maatskappye in Twente bie het bevorder. Op 13 Mei 2000 is Enschede en Twente wêreldnuus as in die wyk Roombeek 'n vuurwerkfabriek ontplof, waarby 23 mense het gesterf. OnderwysWysig KultuurWysig TaleWysig Die amptelike taal in Twente is Nederlands, maar Nedersaksies word algemeen in die streek gepraat en geniet ook nasionale erkenning as streektaal. In Rijssen is Nedersaksies naas Nederlands 'n amptelike taal. SportWysig Twente is internasionaal bekend vir sy sokkerspanne: FC Twente en Heracles Almelo (en daarby die Twentse derby). Ook die ouste marathon van Nederland, die Enschede Marathon en die grootste afloswedloop ter wêreld, die Batavierenrace (van Nijmegen na Enschede) het 'n groot internasionaal deelnemersveld. Ook kom die professionele fietsryspan Argos-Shimano uit hierdie regio, hoewel die span hom as nasionaal bekend maak. Skil-Shimano het in 2009 vir die laaste keer deelgeneem aan die Tour de France.
<urn:uuid:1d318c4f-3149-42da-b6a9-a7b09dac582b>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Twente
2019-07-21T13:33:56Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527000.10/warc/CC-MAIN-20190721123414-20190721145414-00288.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999954
false
Twentse derby Die Twentse derby (ook wel "Derby van het Oosten") is 'n sokkerwedstryd tussen die twee professionele sokkerspanne uit die Nederlandse streek Twente: FC Twente (uit Enschede) en Heracles Almelo (uit Almelo). Die derby is 'n wedstryd tussen die twee grootste stede in Twente, waartussen (seker in Almelo) baie mededinging bestaan. GeskiedenisWysig Voor 1965 (toe FC Twente gestig is) het baie sokkerspanne in Twente bestaan. Die strafste derbies was toe die Enschedese derby (tussen Sportclub Enschede en Enschedese Boys) en die ou Twentse derby (tussen Sportclub Enschede en SC Heracles) gewees. Die nuwe Twentse derby (dus tussen FC Twente en Heracles) het nie dadelik baie geleef by die ondersteuners nie, ook aangesien Heracles al vinnig (in 1966) na die Eerste divisie relegeer, waar die span (op een seisoen na) tot 2005 sou bly. Verder is die derby gespeel toe FC Twente ook het gerelegeer (vir een seisoen in 1983) na die Eerste divisie en 'n paar keer vir die KNVB-Beker. Sedert 2005 staan die Derby van die Ooste weer twee keer per jaar op die kalender van die Eredivisie en deur die toegeneem invloed van FC Twente én Heracles, het die wedstryd gewen aan aandag en belang onder ondersteuners. Die wedstrydWysig Aangesien FC Twente ryker is as Heracles (dus beter spelers kan koop), het FC Twente die meeste wedstryde gewen. Maar omdat die derby meer leef by die ondersteuners van Heracles, speel hierdie span altyd sy beste wedstryd teen hulle vyand. Op 10 Februarie 2012 het Heracles vir die eerste maal sedert hul promosie by FC Twente gewen met 2-3. By die terugkoms van die spelersbus in Almelo het honderde ondersteuners hul opgewag om hierdie fees te vier. OndersteunersWysig Die jeugdakademies van beide sokkerspanne het saamgesmelt in die Voetbalacademie FC Twente en baie ondersteuners van die klubs ondersteun ook ('n bietjie) die ander span, wanneer hulle teen 'n nie-Twentse span speel. Die atmosfeer is daardeur vriendelik rondom die wedstryd. In Almelo woon sowat 400 ondersteuners (wat 'n jaarkaartjie het) van FC Twente, terwyl in Enschede sowat 150 mense woon met 'n jaarkaartjie van Heracles.
<urn:uuid:ea9953d8-d7f0-4fb7-92eb-212b4673de91>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Twentse_derby
2019-07-21T12:53:41Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527000.10/warc/CC-MAIN-20190721123414-20190721145414-00288.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999956
false
Anale seks Anale seks, of anale omgang, is 'n vorm van menslike seksuele omgang. Alhoewel daar verskeie seksuele aktiwiteite is wat die anus, anale holte, sluitklep en/of rektum betrek, verwys die term "anale seks" na die gebruik waar die penis in die anus geplaas word. Hierdie wyse van seksuele omgang word beskou as een wat 'n hoë risiko dra te wyte aan die kwesbaarheid van die anale weefsel en die septiese geaardheid van die anus.[1] Kultuur[wysig | wysig bron] Hierdie tipe seksuele omgang is al vanaf vroegtyd in 'n wye verskeindenheid kulture opgeteken. In gevalle waar dit geskied tussen twee mans is dit in sommige lande onwettig en is deur alle eeue deur sommige veroordeel, selfs voor die Christen-tydperk.[2] Anale seks word beoefen deur mense met enige seksuele identiteit of oriëntasie. Alhoewel dit meer gereeld onder manlike pare voorkom, is daar meer heteroseksuele paartjies wat anale seks beoefen in absolute terme.[3] Tegniek, veiligheid[wysig | wysig bron] Gewoonlik word een of ander vorm van kunsmatige smering tydens anale omgang gebruik. Daar is twee sluitspiere by die ingang en net binne-in die anus geleë. Hulle is gewoonlik gesluit. Die buitenste sluitspier kan na willekeur ontspan of saamgetrek word, maar die binneste is minder onder bewustelike beheer. Die persoon wat tydens anale omgang aan die ontvangkant is, moet leer om die buitenste sowel as die binneste sluitspier te ontspan ten einde pyn tydens anale gemeenskap te vermy. Hoewel kunsmatige hulpmiddels hiervoor gebruik kan word, is dit waar van die meeste passiewe vennote in anale omgang dat die spiere albei ontspan wanneer hulle op hulle gemak is met hulle maat. Wanneer die penis verby die sluitspiere beweeg het, bereik dit die rektum, wat wyd is en nie pyn registreer nie. Stimulering van die prostaatklier lei tot 'n besonder intense en soms ook langdurige orgasme by die passiewe vennoot, oftewel die ontvanger. Die gebruik van 'n kondoom tydens anale omgang is veral belangrik, omdat die wand van die anus makliker skeur as dié van die vagina. 'n Smeermiddel met 'n waterbasis moet gebruik word, aangesien dié met oliebasis die struktuur van 'n kondoom aftakel en tot die oordrag van seksueel oordraagbare siektes kan lei. Boonop is die slymwand van die anus hoogs absorberend en kan oliegebaseerde smeermiddels tot probleme lei. Die algemene reël by anale omgang is om op te hou wanneer daar pyn óf bloed aanwesig is.[4] Besware[wysig | wysig bron] Besware daarteen om die passiewe vennoot in anale gemeenskap te wees, sluit die vrees van "onderwerping" en "vervrouliking" in, maar in gay verhoudings word die rolle gereeld omgeruil ("veelsydigheid" genoem in die populêre kultuur) sodat daar nie 'n oorheersende en 'n ondergeskikte rol kan ontwikkel nie en ook nie sielkundige stereotipering nie. Die beswaar teen pyn hang af van hoe goed die aktiewe vennoot bedeeld is, watter tegniek gebruik word en of die passiewe vennoot op sy of haar gemak is. Bronne[wysig | wysig bron] Diagram Group, Man's Body – An Owner's Manual, Bantam Books, London et. al., 1983.
<urn:uuid:84f09b70-3b8a-4787-ac44-046d65b66a3d>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Anale_seks
2019-07-22T18:38:17Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528208.76/warc/CC-MAIN-20190722180254-20190722202254-00448.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999996
false
De Wildt De Wildt | | Koördinate: Koördinate: | | Land | Suid-Afrika | ---|---| Provinsie | Noordwes | Distriksmunisipaliteit | Bojanala Platinum | Plaaslike Munisipaliteit | Madibeng | Tydsone | SAST (UTC+2) | De Wildt is 'n dorpie in die Noordwes, Suid-Afrika. Dit is 18 km oos van Brits. Die dorpie is vernoem na E de Wildt, ingenieur van die Nederlandse spoorwegmaatskappy NZASM, wat in 1905 die spoorlyn van Pretoria na Rustenburg opgemeet het. Geskiedenis[wysig | wysig bron] Op 7 Desember 1912 het generaal J.B.M. Hertzog sy toespraak hier gelewer wat regstreeks aanleiding gegee het tot die stigting van die Nasionale Party. Destyds het hy verskil van sy kollegas genls. Smuts en Botha oor die toekomstige verhouding tussen Engels- en Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners. Trivia[wysig | wysig bron] Naby De Wildt is 'n navorsingstasie oor jagluiperds waar die eerste jagluiperd ooit in gevangeskap geteel is. Margaret Roberts, internasionaal erkende kundige op die gebied van kruie, het ook 'n kruiesentrum hier gehad waar sy kruie gekweek en lesings en demonstrasies gegee het.
<urn:uuid:411a52fe-b484-41d9-818f-309f0c2776b3>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/De_Wildt
2019-07-22T19:23:45Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528208.76/warc/CC-MAIN-20190722180254-20190722202254-00448.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99972
false
Licinius Licinius | | ---|---| 59ste Keiser van die Romeinse Ryk | | ’n Munt met ’n afbeelding van Licinius. Regeer | 11 November 308 – 311 (met Galerius) 311 – 313 (met Maximinus) 313 – 324 (met Konstantyn die Grote) | Volle naam | Gaius Valerius Licinianus Licinius Augustus | Gebore | 263 of 265; Moesia | Oorlede | 325; Thessaloniki (op 57 of 60) | Begrawe | Mausoleum van Augustus, Rome | Voorganger | Flavius Valerius Severus | Opvolger | Konstantyn die Grote | Adellike huis | Konstantyn-dinastie | Eggenote | Flavia Julia Constantia | Kinders | Licinius II | Valerius Licinianus Licinius (omstreeks 263-325) was van 308 tot 324 die 59ste keiser van die Romeinse Ryk. Hy is in Maart 313 getroud met Julia Constantia, halfsuster van Konstantyn die Grote. Hulle het in 315 ’n seun, Licinius II, gehad. Licinius het die heerser van die ooste van die ryk geword, terwyl Konstantyn oor die weste regeer het. In 314 het ’n burgeroorlog tussen die twee heersers uitgebreek. Konstantyn het Licinius twee keer verslaan, waarna hulle versoen geraak het. Ná nog talle oorloë tussen hulle is Licinius in Thessaloniki aangehou. Die volgende jaar het Konstantyn hom laat doodmaak nadat hy hom daarvan beskuldig het dat hy ’n leër op die been probeer bring het. Sien ook[wysig | wysig bron] Verwysings[wysig | wysig bron] - Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Licinius
<urn:uuid:97233db2-083f-4c78-9551-b155ed3f7761>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Licinius
2019-07-22T18:44:30Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528208.76/warc/CC-MAIN-20190722180254-20190722202254-00448.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999612
false
Boekbronne Jump to navigation Jump to search Biblioteke Suid-Afrika: - Soek die boek in die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika se katalogus - Soek die boek in die SEALS Konsortium se biblioteek - Soek die boek in die Universiteit van Suid-Afrika se biblioteek - Soek die boek in die Universiteit van die Witwatersrand se biblioteek - Soek die boek in die Kaapse Hoër Onderwys Konsortium se biblioteek Wêreldwyd: - Soek die boek deur WorldCat in jou plaaslike biblioteek se katalogus Boekwinkels Suid-Afrika: Ander lande:
<urn:uuid:9009d9bf-aa34-426e-8d68-68097aee93bb>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Boekbronne/1868728226
2019-07-22T18:37:19Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528208.76/warc/CC-MAIN-20190722180254-20190722202254-00448.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999935
false
Bespreking:Académie française Jump to navigation Jump to search Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Académie française-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. | Artikelriglyne Daaglikse bladtrekke | |
<urn:uuid:05bd340d-85ce-4ece-9e44-59222db4104e>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Acad%C3%A9mie_fran%C3%A7aise
2019-07-16T14:30:49Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524568.14/warc/CC-MAIN-20190716135748-20190716161748-00232.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999968
false
Bespreking:Umberto Eco Jump to navigation Jump to search Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Umberto Eco-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. | Artikelriglyne Daaglikse bladtrekke | |
<urn:uuid:e73c5645-4348-4498-ba75-6aad509cb656>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Umberto_Eco
2019-07-16T15:18:33Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524568.14/warc/CC-MAIN-20190716135748-20190716161748-00232.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999972
false
H&M H & M Hennes & Mauritz AB | | Tipe | Aktiebolag (Sweedse aandelemaatskappy) | ---|---| Gestig | 1947 | Hoofkantoor | Stockholm, Swede | Sleutelpersone | Erling Persson (stigter) Stefan Persson (voorsitter) Karl-Johan Persson (president en hoof uitvoerende beampte) | Gebied bedien | Wêreldwyd | Industrie | Kleinhandelbedryf | Produkte | Klerasie | Inkomste | SEK200 miljard (2017) | Bedryfsinkomste | SEK20,569 miljard (2017) | Netto inkomste | SEK16,184 miljard (2017) | Werknemers | 171 000 (2017) | Dogtermaatskappye | Monki, Weekday, Cheap Monday, COS, & Other Stories | Webwerf | hm.com H&M in Suid-Afrika | H&M ('n afkorting van Hennes & Mauritz AB, Sweedse uitspraak: [ˈhoː.ˈɛm; ˈhɛnːˈɛs ɔ ˈma.ʊrɪts]) is 'n Sweedse multinasionale klerewinkelketting met meer as 4 700 winkels in 69 lande wêreldwyd wat hom op sogenaamde fast fashion vir dames, mans, tieners en kinders toespits.[1] H&M, wat in September 2013 sy 3000ste modewinkel in Chengdu, Volksrepubliek China, geopen het, word tans as die tweede grootste onderneming in die internasionale modekleinhandel geranglys, na die Spaanse Inditex (die moedermaatskappy van Zara) en nog voor die Amerikaanse Gap Inc. Die eerste H&M-winkel is in 1947 in die Sweedse stad Västerås geopen. Danksy 'n reeks uitbreidingsfases het die onderneming gegroei tot 'n globale rolspeler in die tekstielkleinhandelbedryf met altesaam 4 100 winkels wêreldwyd. Bekostigbare mode in 'n verskeidenheid style staan sentraal in H&M se konsep, net soos die samewerking met leidende ontwerpers en popsterre en die fokus op volhoubaarheid.[2] Met die opening van die nuwe winkelsentrum Mall of Africa op 28 April 2016 in Midrand, 'n noordelike voorstad van Johannesburg, is die vyfde H&M-winkel in Suid-Afrika geopen – die ses ander is in Pietersburg/Polokwane, Nelspruit, Durban, Kaapstad, Roodepoort en Johannesburg geleë.[3][4] In 2017 was daar reeds 17 winkels in die RSA, met 'n omset van SEK890 miljoen (inkl. BTW) in 2017.[5]
<urn:uuid:9499da69-f3d2-44ba-a79d-86ef0583a4cd>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/H%26M
2019-07-16T15:05:12Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524568.14/warc/CC-MAIN-20190716135748-20190716161748-00232.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99886
false
Universiteit van Princeton Universiteit van Princeton | | ---|---| Die Universiteit van Princeton se wapen | | Latyn: Universitas Princetoniensis | | Leuse: | Deī sub nūmine viget | Leuse in Afrikaans: | Onder God se krag floreer hulle | Leuse in Engels: | Under God's Power She Flourishes[1] | Gestig: | 1746 | Tipe: | Private universiteit | Befondsing: | $21,0 miljard[2] | President: | Christopher L. Eisgruber | Personeel: | 1 172 | Studentetal: | 8 010 | Voorgraadse studente: | 5 336[3] | Nagraadse studente: | 2 674 | Doktorale studente: | 793 | Ligging: | Princeton, Verenigde State Koördinate: | Kampus: | Voorstedelik, 500 akkers (2,0 km²) (Princeton Borough and Township)[4] | Kleure: | Oranje en swart | Bynaam: | Tigers | Affiliasies: | AAU URA NAICU[5] | Webtuiste: | princeton.edu | Die Universiteit van Princeton is in 1746 gestig as die Kollege van New Jersey in Elizabeth, New Jersey en klasse het die volgende jaar begin. Die kollege was slegs oop vir mans. Dit het later geskuif na Newark en in 1756 na Princeton. In 1896 was die naam Universiteit van Princeton aanvaar. Die fakulteite het soos volg geopen: - Skool vir Ingenieurswese – 1873 - Graduate School for non-professional higher studies in liberal arts and sciences – 1901 - Skool vir Argitektuur – 1919 - Woodrow Wilson School of Public and International Affairs – 1930 Suid-Afrikaners wat hier studeer het[wysig | wysig bron] - Barend du Plessis, Suid-Afrikaanse politikus en vorige lid van die Nasionale Party, asook die Minister van Finansies. - Ds. Arnold Meiring, 'n predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk en moderator van die Transvaalse Sinode. - Dr. William Nicol, 'n NG predikant, teoloog, kultuurmens, opvoedkundige en goewerneur van die Transvaal. - Dr. Johannes Rudolf Albertyn, 'n leraar in die Nederduitse Gereformeerde Kerk en 'n kenner op die gebied van armesorg en welsyn. - Ds. Abraham Faure Louw jr., 'n predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk wat sy hele bediening in die destydse NG Sinode van Midde-Afrika deurgebring het. - Prof. dr. Barend Bartholomeus Keet, 'n predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk, hoogleraar aan die Kweekskool op Stellenboschen een van die vyf vertalers van die 1933-vertaling van die Bybel in Afrikaans. - Ds. Hendrik Adrian de Wet, 'n leraar in verskeie gemeentes van die Nederduitse Gereformeerde Kerk. Verwysings[wysig | wysig bron] - ( ) "Princeton University Fun Facts". Princeton. Besoek op 16 Februarie 2015. - ( ) "Princeton endowment earns 19.6 percent return" (PDF). Besoek op 16 Februarie 2015. - ( ) "Common Data Set", Enrollment statistics, Princeton University, 2012, http://registrar.princeton.edu/university_enrollment_sta/common_cds2012.pdf, besoek op 16 Februarie 2015 - ( ) "A Princeton Profile: Local Contributions". Princeton University. Besoek op 16 Februarie 2015. - ( ) NAICU – Member Directory Bron[wysig | wysig bron] - Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 19, Bladsy 378.
<urn:uuid:b3a1a802-339b-44b8-a4e4-ce7c31b2c17e>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Universiteit_van_Princeton
2019-07-16T15:11:05Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524568.14/warc/CC-MAIN-20190716135748-20190716161748-00232.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.996503
false
Lys van kardinale aangestel deur Pous Benedictus XV Jump to navigation Jump to search Inhoud Die konsistorie van 6 Desember 1915[wysig | wysig bron] - Giulio Tonti, titulêr aartsbiskop van Ancira. - Alfonso Maria Mistrangelo, Sch.P., aartsbiskop van Florence, Italië. - Giovanni Cagliero, S.D.B., titulêr aartsbiskop van Sebaste in Armenië. - Andreas Frühwirth, O.P., titulêr aartsbiskop van Eraclea di Europa. - Raffaele Scapinelli di Leguigno, titulêr aartsbiskop van Laodicea. - Giorgio Gusmini, aartsbiskop van Bologna, Italië. Die konsistorie van 4 Desember 1916[wysig | wysig bron] - Pietro La Fontaine, patriarg van Venesië, Italië. - Vittorio Amedeo Ranuzzi de' Bianchi, titulêr aartsbiskop van Tiro. - Donato Raffaele Sbarretti, titulêr aartsbiskop van Efese. - Auguste-René Dubourg, aartsbiskop van Rennes, Frankryk. - Louis-Ernest Dubois, aartsbiskop van Rouen, Frankryk. - Tommaso Pio Boggiani, O.P., titulêr aartsbiskop van Edessa. - Alessio Ascalesi, C.PP.S., aartsbiskop van Benevento, Italië. - Louis-Joseph Maurin, aartsbiskop van Lyon, Frankryk. - Adolf Bertram, biskop van Breslau, Duitsland. - Niccolò Marini, sekretaris van die tribunaal van die Apostoliese Signatura. - Oreste Giorgi, sekretaris van die Raad. Die konsistorie van 15 Desember 1919[wysig | wysig bron] - Filippo Camassei, Latynse patriarg van Jerusalem. - Augusto Silj, titulêr aartsbiskop van Cesarea. - Juan Soldevilla y Romero, aartsbiskop van Zaragoza, Spanje - Teodoro Valfrè di Bonzo, titulêr aartsbiskop van Trebisonda. - Aleksander Kakowski, aartsbiskop van Warskou, Pole. - Edmund Dalbor, aartsbiskop van Gniezno en Poznań, Pole. Die konsistorie van 7 Maart 1921[wysig | wysig bron] - Francesco Ragonesi, titulêr aartsbiskop van Mira. - Michael von Faulhaber, aartsbiskop van München en Freising, Duitsland. - Denis Dougherty, aartsbiskop van Philadelphia, VSA. - Juan Bautista Benlloch y Vivó, aartsbiskop van Burgos, Spanje. - Francisco de Asís Vidal y Barraquer, aartsbiskop van Tarragona, Spanje. - Karl Joseph Schulte, aartsbiskop van Keulen, Duitsland. Die konsistorie van 13 Junie 1921[wysig | wysig bron] - Giovanni Tacci, titulêr aartsbiskop van Nicea. - Achille Ratti, titulêr aartsbiskop van Adana, later Pous Pius XI. - Camillo Laurenti, sekretaris van raad vir die uitbreiding van die geloof. Verwysings[wysig | wysig bron] - Miranda, S. 2011. The Cardinals of the Holy Roman Church. http://www2.fiu.edu/~mirandas/cardinals.htm.
<urn:uuid:35da0616-b010-4401-b0cb-76f02d278f2c>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Lys_van_kardinale_aangestel_deur_Pous_Benedictus_XV
2019-07-17T18:54:10Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525374.43/warc/CC-MAIN-20190717181736-20190717203736-00392.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.930511
false
J.R.R. Tolkien J.R.R. Tolkien | | J.R.R. Tolkien in 1916 Geboortenaam | John Ronald Reuel Tolkien | ---|---| Gebore | 3 Januarie 1892 Bloemfontein, Oranje-Vrystaat (tans Suid-Afrika) | Oorlede | 2 September 1973 (op 81) Bournemouth, Dorset, Engeland | Nasionaliteit | Verenigde Koninkryk | Ouers | Arthur Reuel Tolkien Mabel Tolkien (née Suffield) | Beroep | Skrywer, akademikus, filoloog en digter | Bekend vir | The Hobbit The Lord of the Rings The Silmarillion | Huweliksmaat | Edith Bratt (1916–1971) | Kind(ers) | John Francis (1917–2003) Michael Hilary (1920–1984) Christopher John (* 1924) Priscilla Anne | Inhoud Vroeë leweWysig Arthur Tolkien was 'n bankklerk. Hy het in die 1890's na Suid-Afrika gekom omdat hy gereken het dat dit sy kanse sou verbeter om bevorder te word. Hy het hom in Bloemfontein gevestig, waar sy bruid (self ’n Engelse nooi), Mabel Suffield, haar by hom aangesluit het. Tolkien is op 3 Januarie 1892 in Bloemfontein gebore. Sy familie en kindervriende het hom Ronald genoem. J.R.R. Tolkien het as volwassene min herinneringe aan sy Bloemfonteinse kinderdae gehad, maar die bietjie wat daar was, kon hy hom tog helder voor die gees roep – soseer dat dit sy latere geskrifte ook in 'n sekere mate beïnvloed het. Een daarvan was 'n ondervinding met 'n harige spinnekop. Tolkien se verblyf in sy geboorteland was kortstondig. Hy was skaars vier toe sy pa sterf en hy, sy ma en boetie Hilary noodgedwonge na Engeland moes terugkeer. Hulle bevind hulle mettertyd in Birmingham. Die vaderlose Tolkien-gesin moes maar spartel om kop bo water te hou, veral toe ma Mabel 'n Katoliek word en hierdie ommeswaai haar totaal van haar familie vervreem. Nog 'n gevolg van dié stap was dat Ronald en Hilary in die Roomse geloof geskool is en hul lewe deur stoere Katolieke gebly het. In 1904 tref ’n ramp die gesin toe diabetes by Mabel gediagnoseer word. Die siekte kon destyds nog nie met middels beheer word nie en was inderdaad 'n doodsvonnis. Mabel sterf. Haar twee jong seuns bevind hulle in die uiterste armoede. Hul priester, die half-Spaanse, half-Walliese vader Francis Morgan, ontferm hom oor die kinders en sorg vir hul verdere opvoeding. Teen hierdie tyd toon Ronald reeds dat hy 'n merkwaardige taalkundige talent het. Hy bemeester Latyn en Grieks en raak meer as vaardig met 'n aantal ander tale. Hy is ook besig om sy eie tale op te maak – sommer vir die lekkerte. Hy ontmoet vir Edith Brad. Ronald is slegs 16 en sy 19, maar die twee is erg danig met mekaar en hul verhouding verdiep geleidelik. Vader Francis verbied Ronald om Edith te sien of aan haar te skryf, totdat hy 21 is. Stoïsyns gee Ronald ten volle gehoor aan sy instaan-pa se bevel. Hy gaan na Exeter College, Oxford, waar hy hom tot in 1913 in die klassieke tale verdiep, waarna hy vinnig – maar nie so maklik nie – die ou bande met Edith probeer hernuwe. Oplaas verower hy haar hart ten volle en word sy self 'n Katoliek. Die Eerste Wêreldoorlog breek in Augustus 1914 uit. BloemfonteinWysig Die grafte van J.R.R. Tolkien se vader is in die 1990's herontdek deur lede van die Suid-Afrikaanse Tolkienvereniging. Die graf lê in die staatsakker waar ook presidente van Suid-Afrika begrawe lê.[1] Die Suid-Afrikaanse Tolkienvereniging het ook die testament van A.R. Tolkien herontdek in die argiewe van die stad. Die gedenkplate op die plek van die voormalige Bank van Afrika lê ook in die stadsargiewe vanweë metaaldiewe.[2] Anders as so baie van sy tydgenote, sluit Tolkien hom nie dadelik by die leër aan nie, maar gaan studeer hy verder aan Oxford, waar hy in 1915 'n graad in die eerste klas verwerf. Uiteindelik word hy gestuur om aktiewe diens aan die Westelike Front te verrig. Ná vier maande in en uit die loopgrawe, word hy 'n slagoffer van "loopgraafkoors", 'n tifusagtige infeksie wat volop voorkom in onhigiëniese toestande. Hy word teruggestuur na Engeland, waar hy 'n maand lank in die hospitaal in Birmingham deurbring. Daar herstel hy darem sodanig dat hy hom by Edith in Great Haywood, Staffordshire, kan aansluit. Maar regdeur 1917 en 1918 pak die koors hom telkens weer. Gelukkig is hy tussendeur gesond genoeg om tuisdiens in verskillende kampe te verrig en daardeur tot luitenant bevorder te word. Toe hy by Hull gestasioneer was, het hy en Edith by die nabygeleë Roos in die woude gaan stap en het sy in 'n bos vir hom gedans. Dit word die inspirasie van die verhaal van Beren en Lúthien, 'n herhalende tema in sy werk Legendarium. Hy het aan Edith begin dink as "Lúthien" en aan homself as "Beren". Hul eerste seun, John (wat later ’n priester sou word), is reeds op 16 November 1917 gebore. Na die Eerste WêreldoorlogWysig Toe die wapenstilstand op 11 November 1918 onderteken word, was Tolkien reeds aan die soek na akademiese werk. Hy werk 'n tyd lank vir die Oxford English Dictionary, wat destyds nog in wording was, en word in die somer van 1920 as adjunk-professor in Engels aan die Universiteit van Leeds aangestel. Hier word nog twee seuns tot sy en Edith se gesin toegevoeg. In die 1925 kry hy die pos as professor aan Oxford. Edith skenk in 1929 die lewe aan hul laaste kind, 'n dogter, wat net soos die seuns 'n groot rol sou speel om Tolkien se vrugbare verbeelding te stimuleer. Hy het talle slaaptydstories vir sy kinders vertel, wat later in boeke verewig sou word. Tog was dit, interessant genoeg, nie presies waar sy beheptheid met Middle-earth begin het nie. Na wat hy self vertel het, was hy eendag met die sieldodende taak besig om studente se eksamenskrifte te merk, toe hy opmerk dat 'n student een bladsy van sy antwoordeboek blanko gelaat het. Op hierdie bladsy skryf hy toe: "In a hole in the ground there lived a Hobbit." Tipies Tolkien besluit hy daarna hy moet uitvind wat 'n Hobbit is, in watter soort gat hy woon, hoekom hy hom juis in 'n gat gaan tuismaak het, ensovoorts. Uit hierdie fassinasie groei 'n storie wat hy wel vir sy kinders begin vertel en waarvan 'n onvoltooide getikte manuskrip in 1936 in die hande van 'n uitgewer beland. Tolkien is gevra om die manuskrip te voltooi en die uitgewersfirma se voorsitter, Stanley Unwin, lê die voltooide werk aan sy tienjarige seun, Rayner, voor. Die kind skryf 'n verslag van goedkeuring en dit word in 1937 as The Hobbit uitgegee. Die boek was 'n onmiddellike sukses en kinders het nog nooit opgehou om dit aan te beveel nie. Dit is so geslaag dat Stanley sr. vir Tolkien vra of hy nie soortgelyke geskrifte het wat uitgegee kan word nie. Uiteindelik ontwikkel dit tot iets veel groters as 'n blote kinderverhaal – die hoogs komplekse sestienjare geskiedenis van dit wat The Lord of the Rings sou word. Rayner Unwin raak as volwassene diep betrokke in die latere stadiums van hierdie opus. Hy werk op 'n uitmuntende manier saam met 'n talmende en temperamentele skrywer wat, in een stadium, die hele werk aan 'n mededinger van die betrokke uitgewer aanbied. (Hierdie konkurrent raak egter gou knypstert toe hy die presiese aard en omvang van die pakket besef.) Dis danksy Rayner Unwin se voorspraak dat The Lord of the Rings hoegenaamd gepubliseer is. Sy pa se firma het besluit om die waarskynlike verlies van duisend Britse pond vir die prestige-werk te dra en dit in 1954 en 1955 in drie dele uit te gee. Dit raak gou duidelik dat sowel die skrywer as die uitgewer die gewildheid, om die minste te sê, totaal onderskat het. Die kultus en 'n enkelgraf vir tweeWysig Tolkien het sy roem met gemengde gevoelens ervaar. Enersyds het hy uiters gevlei gevoel en, tot sy groot verbasing, nogal ryk geword. Andersyds kon hy maar net 'n walging voel vir die feit dat sekere van die destydse dwelmslawe dit as ’n "great trip" beskou het om The Lord of the Rings saam met LSD te verteer. The Lord of the Rings was sy beroemdste, maar natuurlik nie sy enigste werk nie. Tussen 1925 en sy dood het hy 'n aantal ander werke, waaronder 'n reeks akademiese essays gepubliseer. Wat dit nog meer merkwaardig maak, is dat die stroom publikasies met sy dood net tydelik tot stilstand gekom het. So was daar onder meer die heel geslaagde History of Middle-earth, onder die redakteurskap van sy een seun Christopher. Ná sy aftrede in 1969 het Edith en Ronald in Bournemouth gaan woon. In November 1971 is Edith oorlede en Ronald het kort daarna na Oxford teruggekeer, waar hy tot sy dood op 2 September 1973 gewoon het. Maar die roem leef voort. In 1997 was hy bo-aan drie groot meningsopnames waarin mense gevra is om vir die grootste boek van die twintigste eeu te stem. Hy en Edith lê saam begrawe in ’n enkelgraf in die Katolieke deel van die Wolvercote-begraafplaas in die noordelike voorstede van Oxford. Die inskripsie op die grafsteen lui: - Edith Mary Tolkien, Lúthien, 1889–1971 - John Ronald Reuel Tolkien, Beren, 1892–1973 AfrikaansWysig Net die boeke van J.R.R. Tolkien is in Afrikaans vertaal: - Die Kameraadskap van die Ring, 2018, Protea Boekhuis, Pretoria[3] - Die hobbit, 2017, Protea Boekhuis, Pretoria [4][5] - Die smid van Groot Wootton, 1968, Human & Rousseau, Kaapstad [6] Die meeste boeke van J.R.R. Tolkien, met uitsondering van The History of Middle Earth, is in Nederlands vertaal. BronnelysWysig VerwysingsWysig - http://kloofstreet.blogspot.com/2008/03/one-with-photo-of-tolkiens-fathers.html - http://www.tolkiengateway.net/wiki/File:1984_Commemorative_Plaque.JPG - http://www.proteaboekhuis.com/site.php/die-heerser-van-die-ringe-die-kameraadskap-van-die-ring-1.html - http://www.proteaboekhuis.com/site.php/die-hobbit.html - http://www.worldcat.org/title/hobbit-of-daarheen-en-weer-terug/oclc/995159288&referer=brief_results - http://www.worldcat.org/title/smid-van-groot-wootton/oclc/45868949
<urn:uuid:e30b6697-d892-459d-89b4-c02ec0ca77e2>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/J.R.R._Tolkien
2019-07-20T08:03:58Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526489.6/warc/CC-MAIN-20190720070937-20190720092937-00152.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999999
false
Philadelphia - Hierdie artikel handel oor die stad in die Verenigde State. Vir die dorp in Suid-Afrika, sien gerus Philadelphia, Wes-Kaap. Kaart | Wapen | Vlag | | Land | Verenigde State | Deelstaat | Pennsilvanië | Distrik (County) | Allegheny | Koördinate | Koördinate: | Stigting | 27 Oktober 1682 | Inkorporasie | 25 Oktober 1701 | Oppervlakte: | | - Totaal | 369,4 vk km | Hoogte bo seevlak | 12 m | Bevolking: | | - Totaal (2015) | 1 567 442 | - Bevolkingsdigtheid | 4 243/vk km | - Metropolitaanse gebied | 6 050 000 | Tydsone | UTC -5 | Somertyd: UTC -4 | Burgemeester | Jim Kenney (D) | Amptelike Webwerf | www.phila.gov | Philadelphia is die grootste stad in die Amerikaanse deelstaat Pennsilvanië en die sesde grootste in die Verenigde State met 'n bevolking van sowat 1,57 miljoen. Philadelphia is die administratiewe setel van die Philadelphia-distrik (Engels: Philadelphia County) en 'n belangrike nasionale handel-, onderwys- en kulturele sentrum. Die metropolitaanse gebied van Philadelphia-Camden-Wilmington is die vyfde grootste in die Verenigde State met sowat 6 miljoen inwoners (2015). Philadelphia word dikwels The City of Brotherly Love ("Die Stad van Broederlike Liefde") genoem, afgelei van die betekenis van sy Griekse naam: Φιλαδέλφεια, /fi.la.ˈdɛl.fɛj.a/, "broederlike liefde" van Grieks philos "liefde" en adelphos "broeder". Philadelphia, wat in die 18de eeu ook as die eerste Amerikaanse hoofstad gedien het, was destyds die grootste stad in die Verenigde State en die tweede grootste in die Britse Ryk na Londen. Ten opsigte van sy politieke en sosiale belangrikheid het dit selfs Boston en New York Stad oortref en het veral danksy die invloed van Benjamin Franklin tot die maatskaplike en geografiese sentrum van die oorspronklike dertien Amerikaanse kolonies ontwikkel. Die idee van 'n onafhanklike Amerikaanse nasie het in hierdie stad ontstaan, en Philadelphia was ook die toneel van belangrike gebeurtenisse gedurende die Amerikaanse Rewolusie, die beginpunt van die Amerikaanse vryheid, demokrasie en onafhanklikheid.
<urn:uuid:f1bd24a1-dd6c-4a37-8d01-b74734c0c218>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Philadelphia
2019-07-22T18:30:00Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528208.76/warc/CC-MAIN-20190722180254-20190722202254-00472.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999677
false
Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/27 April Jump to navigation Jump to search - 1521 – Ferdinand Magellaan word deur inboorlinge van die Filippyne doodgemaak. - 1565 – Cebu word gevestig en word die eerste Spaanse vesting in die Filippyne. - 1941 – Tweede Wêreldoorlog: Duitse troepe val Athene binne. - 1950 – Apartheid: In Suid-Afrika word die Groepsgebiedewet goedgekeur en rasse word formeel geskei. - 1961 – Sierra Leone verkry onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk.
<urn:uuid:20cb2d3c-6c77-4245-99f8-53db3f3b92e1>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Sjabloon:April_27_selektiewe_herdenkings
2019-07-24T03:05:05Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530250.98/warc/CC-MAIN-20190724020454-20190724042454-00072.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999894
false
Hulp Bladsye wat na "Steers" skakel ← Steers Jump to navigation Jump to search Skakels hierheen Bladsy: Naamruimte: alle (Hoof) Bespreking Gebruiker Gebruikerbespreking Wikipedia Wikipediabespreking Lêer Lêerbespreking MediaWiki MediaWikibespreking Sjabloon Sjabloonbespreking Hulp Hulpbespreking Kategorie Kategoriebespreking Portaal Portaalbespreking Module Module talk Gadget Gadget talk Gadget definition Gadget definition talk Omgekeerde seleksie Filters Versteek insluitings | Versteek skakels | Versteek aansture Die volgende bladsye skakel na Steers : Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). Wikipedia:Statistiek ( ← skakels wysig ) Gebruiker:Suidpunt/Ander ( ← skakels wysig ) Restaurant ( ← skakels wysig ) Wikipedia:Statistiek/2015 ( ← skakels wysig ) Lys van vername restaurante in Suid-Afrika ( ← skakels wysig ) Bespreking:Steers ( ← skakels wysig ) Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Steers " Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Gereedskap Spesiale bladsye Drukbare weergawe Ander tale Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:6cd44c10-cc9d-4ff8-8110-a20746682104>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Steers
2019-07-17T19:24:39Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525374.43/warc/CC-MAIN-20190717181736-20190717203736-00416.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.996155
false
On-line version ISSN 2224-7912 Print version ISSN 0041-4751 Tydskr. geesteswet. vol.56 n.4-2 Pretoria Dec. 2016 http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2016/v56n4-2a8 RESEARCH AND REVIEW ARTICLES Landscape endearment as central motive in the poem "tesis in gestapelde sillabeversteuring oor ingebedheid" in Mede-wete (2014) by Antjie Krog Susan Smith Department of Afrikaans, University of Fort Hare, East London campus E-pos: email@example.com OPSOMMING In hierdie artikel word daar ondersoek ingestel na die wyse waarop die slotgedig van die bundel, "tesis in gestapelde sillabeversteuring oor ingebedheid" in die bundel Mede-wete (2014) van Antjie Krog, sentraal staan tot die ekopoëtiese tematiek en werkwyse van ingeplaast-heid wat deurlopend in die bundel na vore kom. Daar word ook na enkele ander verband houdende gedigte in die bundel verwys. Benewens die ooglopende sentrale tema van mede-menslikheid, mede-deelsaamheid en medemens-wees wat deur die bundeltitel geaktiveer word en waarop resensies (Taljard 2014, Van Vuuren 2014, Hambidge 2014 en Jacobs 2015) van die teks oorwegend gefokus het, tref Visagie (2015:229) in sy resensie-artikel onderskeid tussen die veelvuldige sinapse, oftewel "verbindings" of "samevoegings" wat ten grondslag van die bundel lê, waaronder ook verbindings met die niemenslike omgewing. Die Ander, wat implisiet deur die bundeltitel geaktiveer word, is ook die aarde en dié wat van die aarde is. Daar sal aangetoon word dat Krog ook in hierdie gedig en bundel die grense ophef tussen die menslike en die niemenslike en dat die gedig voorspraak maak vir 'n verinniging in verhoudings tussen alle materialiteite, beide menslik en niemenslik. Die teoretiese raamwerk waarbinne ek hierdie gedig ondersoek, is dié van die ekokritiek en ekopoësie waarin daar na die verhouding en interaksie tussen die mens en sy omgewing gekyk word. Aan die hand van 'n aantal kernbegrippe van die ekokritiek, naamlik vervlegting, transliggaamlikheid, die vreemde vreemdeling en vreemdmaking, ingeplaastheid, deelnemende verbeelding en diffraksie, word daar gefokus op mede-natuur en mede-omgewing en die wyse waarop dit in die slotvers funksioneer. Trefwoorde: Antjie Krog, Mede-wete, Synapse, ekokritiek, ekopoësie, ingeplaastheid, vervlegting, deelnemende verbeelding, diffraksie, transliggaamlikheid, materialiteit, vreemde vreemdeling ABSTRACT This article investigates the way in which the closing poem, "tesis in gestapelde sillabe-versteurings oor ingebedheid" in the volume of poetry, Mede-wete (2014) by Antjie Krog becomes central to both the ecopoetic theme and the methodology of emplacement which permeates the text. The central themes of co-humanity, sharing, co-connectivity and co-existence (mede-menslikheid, mede-deelsaamheid and medemens-wees) which are activated by the title, have been the focus of a number of previous investigations (Taljard 2014, Van Vuuren 2014, Hambidge 2014 and Jacobs 2015). The title allows a multi-referential interpretation which includes the nonhuman environment (as indicated by Visagie 2015:229), an aspect which specifically resonates in the last section of the text and in the closing poem. Visagie comments on the multiplicity of synapses, or connections and junctures which are central to the text, also indicating how the translated title of the text, Synapse (2014) emphasises the ideas of conjunction and bridging between two objects.The Other, who is implicitly activated by the title of the Afrikaans text, also includes nonhuman beings and non-living things. This article explores how in the selected text and poem, Krog suspends boundaries between human and nonhuman bodies through an inter- and intra-active modus operandi through which transcorporeality and exchange and interchangeability of roles occur. The obvious meta-textual nature of this section and the intense involvement with language becomes a modus operandi to create "verinniging" (closeness, endearment), not only in the knowing/knowledge of a fellow human being, but also by means of co-being and co-existence within the landscape and natural environment. The long title of the poem includes the word "ingebedheid" (embeddedness, emplacement), in which aspects of co-corporeality and trans-corporeality are already implicated. It closely relates to the theory of emplacement (Buell 2005:65; Smith 2012b:901), described in the Oxford Dictionary as "a structure on or in which something isfirmly placed" and in ecocritical terms defined as being immersed in the physical materiality of place which requires a sensory, emotive and intellectual consciousness from the poet, a so called in-the-body experience (Smith 2012b:902). It also requires attachment to place and alliance to place with the poet. The theoretical framework for the discussion of the poem is ecocriticism and ecopoetics. By using a number of central ecocritical concepts, entanglement, transcorporeality, the strange stranger and estrangement, emplacement, participating imagination and diffraction, the article focuses on the co-nature and co-environment and the way in which these key concepts function in the final poem. Keywords: Afrikaans poetry, Antjie Krog, Mede-wete, ecocriticism, ecopoetry, emplacement, entanglement, participating imagination, diffraction, transcorporeality, materiality, strange stranger INLEIDING Die slotgedig in die bundel Mede-wete (2014) van Antjie Krog, "tesis in gestapelde sillabeversteuring oor ingebedheid", vorm deel van 'n afdeling met die titel, "vier pogings in linguistiese sinaps-opsporing" (opgedra aan Jakes Gerwel). Tereg noem Andries Visagie hierdie gedigreeks "manjifieke slotverse" (2015:232) weens die reikwydte en allesomvattende tematiek en maak melding van Krog se "verbluffende omgang met taal" (2015:233). Die bespreking van die slotgedig kan bykans as 'n vertrekpunt gesien word vir die besinning oor verwante kwessies in die res van die bundel. Die gedigafdeling vorm in velerlei opsigte'n grondslag vir die lees van die bundel, soos ook gesuggereer word deur die bundeltitel van die vertaalde teks, Synapse (2014, vertaal deur Karen Press). Dit veronderstel 'n poging tot sinapsvorming, oftewel samebinding en die opsporing van samebindende faktore deur die digter met die ander/ Ander wat buite die self teenwoordig is. Die woord sinapse verwys na die "senuselbrug", oftewel die aansluitingspunt tussen senuselle (Pharos Afrikaans-Engels Woordeboek 2005:1416), 'n minimale gaping waartussen impulse en boodskappe deur middel van neuronoordrag moet spring. Sinapse is dus die plekke van kontak en oordrag van senuboodskappe, wat die emotiewe en liggaamlike broosheid van oordrag beklemtoon. Krog skryf vervolgens vier gedigte in hierdie reeks, "in gebreke bly binne-aars", "sillabe-sinaps in die noord/suid-kompas", "ESSAY-ABSTRAKTE re: SINAPS" en "tesis in gestapelde sillabeversteuring oor ingebedheid". Die motto-gedig van hierdie gedigreeks kan gelees word as 'n werkskode om die daaropvolgende gedigte in die slotafdeling te interpreteer: die oopboor van verstopte sillabes die verstelling van 'n uitgebrande tweeklank die afsaag van medeklinkers 'n volgehoue plaakafbeiteling van klinkers sodat erbarmlose verstokte woorde gedaag word skielik kan lug instroom 'n nuwe geluid benader vreemd sal die nuwe taal moet lê uitasem en omgee omgewend apartwees dood begin sê in die haat wat so bloedgrondritmies dawer (111) In die motto-gedig stel Krog 'n vernuwende werkwyse in die vooruitsig: sy wil die "verstopte sillabes" "oopboor", 'n "verstelling maak aan "'n uitgebrande tweeklank" en medeklinkers "afsaag". Die opdrag van die afdeling kan in hierdie verband saamgelees word en aktiveer die meertalige en polifoniese aard van die gedigreeks, waardeur die lewe en werk van Jakes Gerwel in herinnering geroep word. Benewens die feit dat Gerwel 'n bekende anti-apartheidsaktivis was, was hy ook 'n gerespekteerde akademikus wat homself veral met die konsep van meertaligheid bemoei het. Taalfokus en -variasie, vertaling en uiteindelikheid "mede-taligheid" word die voertuig waardeur mede-belewing en mede-bestaan uitgedruk word. Krog is met kragtige, aktiewe, alles-insluitende taalvernuwing besig. Dit sal 'n taal wees wat "omgee omgewend apartwees dood begin sê" (111). Die woord "omgewend" in hierdie gedig dui eerstens op kwessies rondom menswees en medemenswees, dit dui op begrip en "omgee" vir mekaar, vir die Ander - dus, om deur die bemiddeling van taal 'n mens te wees wat "omgewend" word, nie apart van die ander nie, tussen ander, ook in die omgewing van ander. Hierdie aspek sluit aan by een van die sterkste deurlopende motiewe in Krog se oeuvre, naamlik die verhouding tussen mens en mens, kleurkwessies, die gevolge van apartheid en saam- en medebestaan in hierdie land. Mede-bestaan en mede-menslikheid word alreeds in die bundeltitel veronderstel. Dit plaas 'n soeklig op die gebrek aan "wete" van mekaar, die insig in of gebrek daaraan wat ons van mekaar se wêrelde het, ons saambestaan op dieselfde plek, en ons mede-deelsaamheid al dan nie. Soos Jacomien van Niekerk (2014) tereg in haar resensie opmerk, aktiveer die meerduidige bundeltitel ook die woord "gewete", waardeur die introspeksie en aandadigheid van die Afrikaner binne die breë sosiale konteks onder oë geneem word. Terselfdertyd word van die veronderstelling uitgegaan dat die mens ook 'n "gewete" behoort te openbaar teenoor die niemenslike omgewing en wesens waarin die mens hom bevind. 'n Verdere aktivering is die woord "weet" of "wete" - om kennis te dra van. Daar is egter 'n tweede betekenis in die woord "omgewend" wat in die bundel geaktiveer (en 'n sinaps wat opgespoor) word, naamlik dié van "omgewing" - met inbegrip van plek en grond (as 'n uitgebreide bundeltema) - waarop hierdie artikel wil fokus, en wel hoe dit in die geselekteerde gedig aan bod kom. Die fokus op die mede-natuur en mede-omgewing word gedoen aan die hand van 'n aantal kernbegripppe in die teoretiese raamwerk van die ekokritiek, waaronder vervlegting en transliggaamlikheid, die vreemde vreemdeling en vreemdmaking, ingeplaastheid, deelnemende verbeelding en diffraksie. Hierdie terme lê ten grondslag van die ekokritiese diskoers waarin die kultuurprodukte, in hierdie geval die literêre tekste, ondersoek word aan die hand van die wyse waarop dit die verhouding tussen die mens en al die organismes van die natuurlike wêreld wat hom omring, uitdruk. In 'n vorige artikel (Smith 2012a:512) definieer ek ekopoësie onder andere as "die beweging wat spruit uit die spanning waar die verhouding tussen mens en natuur 'n kruispunt bereik" en daar gepoog word om "die sistematiese samehang en ordening van die geheel uit te druk, dikwels deur die destabilisering van die gedig". Die destabilisering van die gedig hou direk verband met die tegniek van sillabeversteuring wat Krog in die slotgedig aanwend. Sillabeversteuring kan dus inherent as destabiliseringstegniek gesien word, wat daarin slaag om die leser op 'n nuwe manier na die gedig en die omgewing te laat kyk en vooropgestelde idees oor skoonheid en natuur omverwerp deur nuwe verbande te skep, ook deur die opheffing van grense tussen skoonheid en nieskoonheid, en tussen natuur en kultuur. Die ekogedig fokus op die menslike kreatiewe skryfaksie waarin die fisiese omgewing van die mens en sy verhouding met alles wat hom omring, ondersoek word. Ekopoësie is uiteindelik konneksie: dit is 'n manier om met die omringende wêreld in verbinding/verbintenis te tree deur middel van taal. Om die sinapse of verbindings wat in die bundel en in die slotgedig gevorm word te ondersoek, neem ons 'n tree terug en werp eerstens 'n blik op die visuele aanbod van die buiteblad. DIE VISUELE SINAPS VAN DIE BUITEBLAD Die leser word deur die kunswerk van Otobong Nkanga met die titel "Social Consequences" op die buiteblad (versprei oor die voor- en agterplat) paratekstueel voorberei op die belangrike rol wat plek, aarde, grond en grondbesit in sosiale verband en dan ook in die bundel speel. Paratekstualiteit, kortliks, is 'n term wat gemunt is deur Gérard Genette in sy teks, Paratexts: thresholds of interpretation (1997:1-2), waarmee bedoel word die addisionele inligting, insluitende die buiteblad, wat die teks omring en wat bydra tot die interpretasie van die teks. In die geval van Krog, wat benewens digter ook 'n bekende openbare figuur is, speel die parateks dus 'n bydraende rol tot die interpretasie van die teks. Die kunswerk beeld twee pertinent manlike figure uit (met 'n prominente uitbeelding van die geslag) wat besig is om twee stukkies aarde te manipuleer. Die manlike figure, wat bykans spieëlbeelde van mekaar is, is koploos (by implikasie sonder rede) en beskik elk oor verskeie pare arms wat die werk moet doen. Die uitoefening van krag deur die veelvuldige arms word die enigste rede en logika: dit vervang die logika van helder denke en deurdagte optrede en dui op brutale, instinktiewe krag. Daar word tougetrek, wat 'n sug na mag en oorheersing en besitterskap oor die aarde/ grond/land suggereer. Die stukke aarde pas in 'n brose web van tou (nog 'n sinaps-beeld) en kan op enige oomblik kantel, of soos 'n woer-woer gespin word, terwyl die rooi tou steeds die brose verbondenheid en gebondenheid tussen die twee figure maar ook tussen die figure en die aarde bevestig. As opponente is hulle egter onherroeplik spieëlbeelde van mekaar. Die leser word in die tersaaklike slotgedig, "tesis in gestapelde sillabeversteuring oor ingebedheid" gekonfronteer met hierdie lang titel wat aansluit by die bykans akademiese benadering wat reeds sigbaar is in die titel van die gedigreeks, wat voortgesit word in die derde gedig, "ESSAY-ABSTRAKTE re: SINAPS" en in die tersaaklike gedig 'n hoogtepunt bereik. Drie kernterme bied hulself in die titel aan: "tesis", "gestapelde sillabeversteuring" en "ingebedheid". "GESTAPELDE SILLABEVERSTEURING" Die opstapeling van 'n lang lys van taalvariante, samestelling, nuutskeppings en afwykings word deur die digter ingespan as 'n manier om die "verstopte sillabes" "oop te boor" (111) en die grense van taalstrukture uit te daag. Dit dien as 'n sinapsopsporing - 'n wyse om morfologies en semanties nuwe verbintenisse op te spoor en te aktiveer, terwyl die opstapelingstegniek letterlik die herhalende, immer bewegende en voortstuwende aard van beide taalkonstruksie en betekenisverruiming beklemtoon. Interessant genoeg tree die kragdadige "oop [ ] boor" van "sillabes" intertekstueel in gesprek met Loftus Marais se lugdrukboorbeeld uit die gedig "Die digter as rockstar" in Staan in die algemeen nader aan vensters (Marais 2009:40), waarin korte mette gemaak word met Van Wyk Louw se "beiteltjie" in die gedig "Die beiteltjie" (Brink 2009:161). Die woord "sillabeversteuring" veronderstel bepaalde veranderinge of versteuringe wat doelbewus ingespan word om wyer betekenismoontlikhede of -afwykings tot stand te bring. Die sillabeversteurings, vervormings, klankomwisselings en samevoegings dui op deelnemende betekenisskepping en deelnemende verbeelding in die Krog-gedig. Dit dui op die proses waardeur die digter die "vibrerende" moontlikhede van die konkrete taal (taal as materie) op so 'n wyse benut dat dit afwyk van die norm. In die bundel vind verskeie toespelings op Paul Celan (bekend vir sy kreatiewe en onortodokse taalaanwending) plaas, waaronder dan ook die verset teen gesag, die bemoeienis met die Ander en eksperimentering met taal. Die eerste gedig in die afdeling begin juis met 'n aanhaling deur Celan waarin sy eie spel met taal en sillabewisseling voorkom, waardeur die aanvanklike betekenis van "estrange" verruim en selfs omvergewerp word om die teenoorgestelde van die oorspronklike betekenis in te sluit, bedoelende dat die kennis jou te binne moet gaan - 'n bewustelike proses van inname en binnetoe-wending, selfs ingebedheid, wat terselfdertyd vervreemding teweegbring: Instrange yourself, /deeper. (112) Die fokus op ingang binne die self, en daarmee gepaardgaande vervreemding, word deurlopend in die bundel aangetref: om te ver-jy (112, r46-47) So ook veral die volgende: as jou gesig begin sterrefiseer bomefiseer halmkleurig leeuefiseer (112, r49) Hierdie kragtige werkwoord-nuutskeppings dui op meer as 'n uitreik na die natuurlike wêreld; dit dui op 'n wordingsproses en op materiële uitruil. Dit wys op eenwording en transliggaam-likheid waardeur normale liggaamlike grense getransendeer word; dus liggaamlike transfor-masie deur middel van taaltransformasie - ster word, boom word, leeu word. Dit vorm sinapse regdeur die bundel, tot in die slotgedigreeks: "vergras vermier verwolk verswartwitpens // Kabbo landskapverinniging enkelmensvel-opgee-end" (117). Taalversteurings en -vreemdmaking is deel van 'n groter konsep van vervreemding en vreemdelingskap van die self wat nie net in die slotgedig nie, maar deurlopend in die bundel plaasvind. Dit gaan gepaard met 'n toenemend ander/Ander-wordende en allesinsluitende ervaring van die digter. Sy stel die "metodologie" daartoe voor, naamlik dat sy die ander - haar "verbonde verbande" - "moet [...] bly pla" om te "ontsnap uit die enkele mond van w(a) onde"; sy moet dus voortdurend bemoeienis maak met alles en almal waarmee sy verbind is, om die wonde en mure wat afsondering, enkeltaligheid en enkel-benoeming ("enkele mond") teweegbring, te ontsnap. Waarop gehoop word, is 'n "vrymakende kantelduik" (119, r33), "die salige sillabe opstygend vanuit enkel ha(o)ltes", die "vrymaak-verslinding na veelvoud" waardeur die digter tot "uiteindelike kwalitatiewe diskoers" "aflosbaar" word - beide oplosbaar in en omruilbaar met die materie wat haar omring. Veelvoudigheid en veeltaligheid word as doelwit gestel; daardeur bereik die digter 'n staat van betrokkenheid en vervlegting; dus die daarstelling van 'n elementêre opposisie van enkel teenoor mede-; en van een- teenoor veelheid. VERVLEGTING Verwikkeling en vervlegting van lettergrepe en sillabes bring vervlegting met die omgewing mee. Karen Barad praat van "entanglement" as "[m]atter and meaning [that] are not separate elements" (Barad 2007:3) as gevolg van hul vervlegte intra-verhouding (Barad 2007:ix) en die herdefiniëring van realisme, waardeur die Cartesiese subjek/objek-onderskeiding uitgedaag word. Om te "sterrefiseer", te "bomefiseer" of te "leeuefiseer" fokus op die materialiteit van beide menslike en niemenslike liggame en die bewussyn van die liggaamlikheid van alle materie. Die agentskap van realisme is uiteindelik nie die teenwoordigheid van onafhanklike realiteite nie, maar die gevolge, ingrypings en kreatiewe moontlikhede van intra-aksie daarvan in die wêreld. Die vervlegting waarvan Barad praat, vind weerklank in Stacey Alaimo se konsep van transliggaamlikheid (Alaimo 2008:238), wat gedefinieer kan word as die kartering van die vloei van materie en diskoers regoor menslike en niemenslike liggame. Grense tussen die materiële liggame word hierdeur geherdefinieer. Dit lei tot vrae soos: waar eindig die mens? Waar begin die boom? Hoe is ons deel van mekaar? Die "mede-lug" en die "asemhaalmekaar" (2014:57) wat die digter aan bod stel, dui op die verskuiwing en opsegging van tradisionele grense. Die digter voel haar bewus van die skeidslyne wat al dunner word - die "aflosbaar"-heid (119, r55) van alle dinge (oplosbaar en vervangbaar, omruilbaar), die "dun danheid" (r54) (wesenlikheid) van "eweningspunt en newel-aar", die punt of skeidslyn waar die ewewig van dinge na enige kant kan kantel. Op soortgelyke wyse word die grense van taal as kommunikasiemiddel uitgedaag deur die digter: ... ek praat leeu [ ] ek sneeu ek [ ] hoor die boom teen die saag skreeu - onverleë die einde van liedletsels en die begin van getweë asem (r42-45) Die digter bewerk transliggaamlikheid deur die vermoë om in die taal van die dier te kommunikeer (leeuefisering), om tot sneeu te transformeer en die aksie daarvan uit te voer, om die boom te hoor (bomefisering). Die asem van die digter word getwyn, dus, soos drade ineengevleg, met die asem van alle ander dinge - 'n vervlegte transliggaamlike interaksie tussen alle menslike en niemenslike liggame en materiële uitruil van elemente, om alles en almal tot "soomloses te vernu" (r51) en letsels te heel. Die materialiteit van liggame, beide menslik en niemenslik, lewend en nielewend, wat in die gedig op die voorgrond gestel word, is 'n meervlakkige konsep. Dit veronderstel "'n dig verstrengelde en meervoudige weefsel wat sowel sosiolinguistiese konstruksies en kulturele verteenwoordiging (die diskursiewe praktyke) as die materialiteit van ekologiese verhoudings en ervaring insluit. Materie veronderstel 'n terrein van kennis en aksie waar materiële formasies ontstaan; dus, menslike en niemenslike liggame wat in samehang en vervlegting met mekaar optree" (Smith 2014:755). Die fokus op materialiteit is deel van 'n internasionale teoretiese beweging wat die nuwe materialisme en die objekgeoriënteerde ontologie insluit, laasgenoemde veral bekend gemaak deur die werk van Timothy Morton, waaronder Ecology without nature (2007) en The ecological thought (2010). In 'n vorige artikel som ek die nuwe materialisme soos volg op: Nuwe materialisme as teoretiese raamwerk sien die natuur nie as 'n passiewe sosiale konstruksie nie, maar eerder as 'n bemiddelende krag wat interaksie met en verandering van ander elemente teweegbring, insluitende die mens. (Smith 2012b:892) Materie kan gesien word as 'n meervlakkige konsep wat die materialiteit van sowel die menslike as die niemenslike en nielewende liggame insluit. Dit bring 'n klemverskuiwing mee vanaf 'n passiewe geobjektiveerde beskouing van die niemenslike wêreld na 'n beskouing wat fokus op 'n lewende, vitale materialiteit waarby die mens interaktief betrokke is en waarvan hy deel is. Die waarde van teorieë oor materialiteit en objekgeoriënteerde ontologie lê vir die ekokritiek daarin dat die antroposentriese posisie van die mens bevraagteken en omvergewerp word. Grense van materialiteit, insluitende die menslike materiële liggaam, word geherdefinieer. DIFFRAKSIE EN DEELNEMENDE BETEKENISSKEPPING / DEELNEMENDE VERBEELDING Diffraksie word deur twee ekokritici, Karen Barad en Donna Haraway ondersoek en beide beskryf diffraksie as 'n lees- en skryfmetodiek wat op fisiese fenomene gebaseer is, 'n deelnemende breuk of skeuring in die lineariteit van individuele elemente se eienskappe (Barad 2003:803). Barad sien diffraksie as die teenoorgestelde van refleksie; volgens haar is laasgenoemde slegs 'n herhaling op 'n ander plek, terwyl diffraksie elemente op 'n nuwe wyse in patrone (Haraway 1997: 33) kombineer wat nuwe eksperimentele voorwaardes tot stand bring. Deelname geskied intra-materieel: materie-betekenis en dus materie-diskoers, wat die mens insluit, word geproduseer. Om te weet, is volgens Barad om op direkte wyse met materie betrokke te raak, om te besef dat subjekte en objekte verweef is met mekaar en dat objektiwiteit ook te make het met 'n verantwoordelikheid teenoor die verweefdhede waarvan ons deel is. Diffraksie is dus op 'n manier om die representasie van die werklikheid te hanteer: die verwagte lineariteit van oorsaak en gevolg word omvergewerp deur nuwe patrone wat interaksie, ingryping en bevestiging opteken. In die gedig ter sake kan diffraksie waargeneem word wanneer 'n breuk in die verwagte lineariteit van die gedig plaasvind wanneer bestaande perspektiewe opgehef word. Taal, as 'n stel vooropgestelde konsepte wat ons benadering tot die werklikheid beïnvloed, word deur ingryping (van die digter) verander en verruim, waardeur die verwagte lineariteite opgehef word. Deur te "leeuefiseer", te "bomefiseer" en te "sterrefiseer" word die taal/woord as blote representasie van die werklikheid gebuig om interaksie, intra-aksie en 'n nuwe materie-diskoers tot stand te bring. 'n Nuwe "allesherstellende begrip / van boomwees" (r21-22) kom tot stand. Die onderlinge verweefdhede van materie word in berekening gebring en deelnemende kennisskepping, wat nuwe ervaringsmoontlikhede inhou, is die gevolg. Die deelnemende en aandaggewende aard van die mens se bestaan, soos veral verwoord deur David Abram se seminale teks, Becoming Animal (2010), sluit by bogenoemde aan. Abrams lê klem op die sensuele realiteit van die aarde, "the directly sensed world [which] is still explained by reference to realms hidden beyond our immediate experience" (Abram 2010:5). Hy verwys veral na die domein van dendriete, neurongeleiers en sinapse, tot by die mees verborge subatomiese ruimtes van kwarke, daardie komponente van atomiese nuklei en fundamentele boustene van alle materie, wat hy sien as "the deepest source and truth of the apparent world" (2010:5). Die aarde, "earth", behoort volgens Abram eerder "eairth" te wees, waarin die woord "air" ingebed is - "i" of "I", vir "self", want lug is geheel deel van aarde, net soos die self, wat ten volle ingebed is in die vloeibare element lug (2010:101). Hiermee bedoel Abram dat aarde en lug deel uitmaak van die geheel wat die mens omring, en waarvan die mens ook deel is. Die liggaam van die mens is veel minder self-ingeslote en -afgeslote as wat dit 'n ruim is waarin diverse materie op subatomiese vlak konvergeer: "[t]he body is a place where clouds, earthworms, guitars, clucking hens, and clear-cut hillsides converge, forging alliances, mergers, and metamorphoses" (Abram 2010:229): opwarrelend ontmoet ek dele van myself in wolke waar ek lankal reeds duikel as asem (102) Die metamorfiese aard van die menslike liggaam (soos ook alle ander dinge) word op die voorpunt gestel - "shapeshifting" genoem deur Abram (2010:229) - deur te "bomefiseer", te "leeuefiseer" en te "sterrefiseer"; deur "landskapverinnigend" te "vergras vermier verwolk verswartwitpens", en daardeur die "verbonde verbande" van "veelwees" ervaar. 'n Bykomende vooropstellingstegniek, die v-alliterasie, versterk die verbandlegging tussen die nuutskeppings, waardeur die mens uiteindelik deelnemend word, deur middel van deelnemende verbeelding: die inverbeel in 'n bosbakermat die heilig nooit- gehoorde te beskryf nuwe woorde moet download (92) om woordondeurswerfbare bome te tolk (92) Hierdie frase sluit aan by die poging tot begrip wat deurgaans in die gedig op die voorgrond gestel word. Om "bome te tolk" suggereer iets van die spreker se drang, nie net om bome te verstaan nie, maar ook uit te lê wat die bome, as "ander", sê. DIE VREEMDE VREEMDELING In die proses van taaltransformasie en sillabeversteurings word beide taal en mens al vreemder. Vreemdmaking sluit ten nouste aan by die vreemde vreemdeling -konsep van Timothy Morton. Morton sê: Strange stranger names an uncanny, radically unpredictable quality of life-forms. Life-forms recede into strangeness the more we think about them, and whenever they encounter one another - the strangeness is irreducible. Ecological philosophy that does not attend to this strangeness is not thinking coexistence deeply enough. (Morton 2011:165) Die vreemde vreemdeling is volgens Morton die dier waarvan die vreemdheid sodanig is dat die dier nie deur die mens verabsoluteer en gedefinieer kan word nie; die mens kan nie die dier van 'n etiket voorsien nie want die mens kan nooit die dier ten volle begryp nie. Net so met ander vorme van niemenslike dinge: as die digter praat van "bomefiseer" (49), is sy besig om die "allesherstellende begrip / van boomwees molmneutig mosbassig" (118, r22) aan te gryp, om haar "boomlinggeliefdste" en die "bloedgreep wat tussen sy wortels begrawe / lê" "aflosbaar" (dus, oplosbaar/vervangbaar) met haarself te sien. Die grense en beperkinge, die etikettering van wat boomwees beteken, word oplosbaar en vervangbaar; dit word uitruilbaar met die digter terwyl die digter algaande self die vreemde vreemdeling word. Sy is nie meer haarself nie; algaande word sy die vreemde Ander. Hoewel daar geargumenteer kan word dat die digter se strategie van "bomefiseer" en haarself "aflosbaar" van/met die natuur sien, juis kennis, innigheid en liefde en dus minder vreemdheid bewerkstellig, moet daarop gewys word dat die vreemde vreemdeling-konsep van Morton juis ook die bekende insluit wat toenemend onbekend word. Die sillabeversteurende aard van die gedig en die volgehoue spel daarmee in die bundel is 'n sleutel wat nie net taalverruiming en transformasie deur taalvervreemding uitdruk nie, maar op 'n verdere vlak veral werk met die uitdaging van konsepte van enkelheid teenoor mede-bestaan, van Self teenoor Ander, van lewend teenoor nielewend en van menslik teenoor niemenslik. Uiteindelik daag dit ook die grense van materialiteit uit. Die tweede kernterm in die slotgedig is "tesis". DIE GEDIG AS TESIS Die slotgedig neem die vorm aan van 'n tesis met inspeling op die navorsingsvoorstel wat voorgele word deur 'n voornemende nagraadse student by die aanvang van sy of haar studies. Die gedig bied die onderafdelings van 'n navorsingsvoorstel aan deur die subtitels (in skuinsdruk en hakies) van die onderskeie strofes. Daar word onder andere aandag gegee aan die tipe navorsing wat gedoen moet word (kwalitatief of kwantitatief) ("die onkwantifiseer-bare", (r1)), die navorsingsvraag ("die kritieke vraag", (r8)), definiëring van kernbegrippe ("definiërings van onderlinge verbinding", (r19)), metodologie ("vraag oor metodologie", (r29)), die navorsingstelling (" 'n verontrustende postulaat", (r32)) en die teoretiese begronding ("teorie anderkant die sogenaamde aard van denke", (r41)). Die digter neem die proses verder deur voorsiening te maak (in die twee laaste subtitels) vir die verwagte diskoers ("uiteindelike kwalitatiewe diskoers", (r52)) en moontlike interpretasie ("voorspraakmakende interpretasie", (r59)) wat op die navorsing volg. In alle gevalle word die subtitels in hakies geplaas, wat wys op 'n voorlopige aard van die waarnemings en neerpen van die "tesis". Dit sluit ten nouste aan by die idee dat die woord tesis die betekenis dra van 'n voorlopige postulaat, 'n stelling wat reg of verkeerd bewys moet word deur die navorser. Dit word vir die leser duidelik dat hierdie gedig as 'n raamwerk gelees kan word vir die hele bundel en dat die kerntemas van die bundel hier aangespreek word. In die eerste strofe wil die digter 'n filosofiese agtergrond daarstel, naamlik "die ontologie van ansigbaarheid" (r2). In die woord "ansigbaarheid" skuil die verwysing na Kant se siening van "das Ding an sich", oftewel die ding/fenomeen in die natuurlike wêreld soos dit op sigself bestaan en die feit dat dit nie ten volle deur menslike sensasie geken kan word nie (Kant 2007). Deur sillabeversteuring word die woord onsigbaarheid in "ansigbaarheid"omskep, wat eweneens kan sinspeel op aansig en sigbaarheid, en daardeur beide sigbaarheid en onsigbaarheid aktiveer, wat spanning tussen die kenbaarheid al dan nie, van die omringende werklikheid bewerkstellig. Voorts betrek die woord ook die kyker, vir wie dit moontlik word om te kyk en te probeer ken en herken. Die digter leer geleidelik om die ontologie (wordingsleer, wysgerige leer oor die syn) van onsigbaarheid te lees en om daardeur "onsekerheid" (r4) en "allenighede" (r5) en selfs "die gryp van mortaliteit" (r6) te ontwyk. Dit doen sy deur "heelhei(l)dswordende vibrasies" (r4) en "op(p)erlug" (r5). Die eensaamheid en onsigbaarheid van die mens (en sy "wees") word die hoof gebied (tot "onfinaliteit" (r7) gemaak) deur lug - wat nie net oop is nie, maar ook die opperheerser is - en vibrasies wat beide heelmakend en heilsaam is. Die werkwoorde "wordende" en "wees" plaas die gegewe binne die ontologiese konteks wat in die eerste strofe veronderstel word en word verder gevoer in "midde-syn" (r10), "word-deurwarde" (r13-14), "wesenheid" (r25), "veelwees" (r26), "wesende gewordendes" (r27), "is" (r42) - al die taalpermutasies van wees. Ook hier dra die alliterasie by tot die trefkrag van onkonvensionele taalgebruik. Wat gesuggereer (en onkwantifiseerbaar) is in die eerste twee strofes, word in die derde strofe by die naam genoem: die verbintenis van die mens aan die natuur, naamlik "berg" (r9), bome (r20-22, 43, 56), "leeu" (r42), "sneeu" (r43), "jasmyn" (r45), "wimpelvlerknaguile" (r49), "koedoe" (r55), "ster" (r58) en "duiwe" (r64). Die digter sê: :die berg strik die kleur van gestoofde pienkgeprikte kweper in ons midde-syn (118, r8-9) Die digter bevraagteken uiteindelik, in die strofes met die subtitel, "(die kritieke vraag)", (wat inspeel op die navorsingsvrae van die tesis), haar emosionele reaksie ("onkodeerbare pyn"(r10)), haar vervoering met en behoefte tot uitreik en deelname en deel 'n skrams hou uit na die "inhomse filosowe", waardeur beide die plaaslike (inheemse) sowel as manlike geïmpliseer word. In die volgende strofe, met die subtitel, "(definiërings van onderlinge verbinding)", bou die digter voort op die akademiese formaat van die gedig. Die toonaard is egter nou emosioneel gelade en onakademies. Sy breek weg van die formele teoreties-wetenskaplike gegewe van die eerste twee strofes deur hierdie uiters liriese beskrywing van plek. Die blik verskuif na die persoonlike vlak van die digter as die self deur die herhaling van "my", waardeur sy haar sterk persoonlike verbintenis tot die natuurgegewe bevestig. En daarmee word die tema van ingeplaastheid betrek, met die fokus op gedeelde besit/belewing, geaktiveer deur "ons middesyn". As "definisie" oorskry hierdie strofe die formele en feitelike van definiëring; dit word 'n loflied aan bome en klip en sterre: jirre my takkerasie my boomlinggeliefdste - hoe sjarmantogig waak jou allesherstellende begrip van boomwees molmneutig mosbassig (118, r20-22) Ook in die opvolgende reëls word die sterk eenheidsbelewenis van beide "ek" en "jy" met die omgewing as teenvoeter vir "allenighede" belig, en die digter voel die "wesenheid" (bestaanswese) van haarself en die mense om haar ingeslote, ingebed, "ín" die natuur, moontlik as fragment of splinter (splint = "skerp afgesplitste stukkie hout", Odendal en Gouws 2005:1080): en iets wat voorlopig bloedbeeks splint ek is daar ín én jy jy's opgeraap tot die radiogolwe van wesenheid ook besig om veelwees te huidig om heelsaamheid van al ons wesende gewordes [...] (118, r23-26) Die woord "huidig" as 'n volgende sillabeversteuring (met die betekenislae van "huldig" en "huidig") veronderstel 'n omarming en viering van die "veelwees", in die huidige moment. Die digter speel ook in op die woord "huid" as vel (van menslike en niemenslike wesens), wat eweneens kan dui op oppervlak of begrensing, wat die leser bewus maak van die arbitrêre aard van hierdie grens. Die ingeslotenheid (ingebedheid) van almal saam ín die natuur, lei tot "heelsaamheid" (heelheid/heelwording, heilsaamheid en samesyn) van die "ons". Vervolgens word 'n werkwyse daargestel in "(vraag oor metodologie)": die digter dui aan dat sy die omringende wêreld sal "bly pla" - 'n werkwyse wat dui op herhaalde bevraagtekening van die bestaande orde. Dit bring haar by 'n "verontrustende postulaat", naamlik die hoop op vrywording ("vrymakende kantelduik", "snikstase / van die vrymaak-verslinding") en 'n wonderwerk ("mirakelmakendheid") wat "hoop" (herhaling in reël 33 en 39) en verbinding moet bring. Dat dit verontrustend is, bevraagteken nogeens die hoop op 'n positiewe uitkoms. In die volgende afdeling, "(teorie anderkant die sogenaamde aard van denke)" rig die digter haar opnuut tot konsepte van samesyn, van mede-wesenheid en soomloosheid tussen materiële liggame. Die deelnemende materiële verbeelding van die digter skep 'n mede-wete met die lewelose en niemenslike dinge wat haar omgewe. Dit plaas prosesse van voortdurende verskuiwende verhoudings tussen wees en fisiese konteks op die voorgrond, hetsy die fisiese materialiteit van mense, plek of lewende en nielewende liggame waardeur die digter uiteindelik toetree tot die "kwalitatiewe diskoers" (subtitel) tussen wesens. Die slotafdeling van die gedig, "(voorspraakmakende interpretasie)" skets egter 'n realiteit wat "wegstammel" (stamel, strompel, van die stam wegbeweeg) van die hoopvolle verbeeldingscenario's wat tevore deur die digter tot stand gebring is. Dit keer terug na die werklikheid van mense wat "ontkannend" en "botmakend" is, wat "haatdorwend" en net op die self aangewese, vol "handgooiende hatery" - wat die hoop op mede-wesenheid ontken. Die slot is 'n bykans wanhopige oproep of voorspraak tot mede-wetendheid, tot mede-lewing en mede-wees met alle mense en met alle lewende en nielewende liggame waarmee die mens omgewe is. "INGEBEDHEID", "LANDSKAPVERINNIGING" EN INGEPLAASTHEID Die woord "landskapverinniging" word gevind in die voorlaaste gedig van die siklus (117). Hierdie samestelling tussen landskap+verinniging suggereer 'n emotiewe verbintenis (sinapsvorming) tussen mens en landskap/natuur, terwyl die woord "ingebedheid" sinoniem is met ingeplaastheid en die hele teoretiese agtergrond van ingeplaastheid oproep. Die term ingeplaastheid word gedefinieer in terme van die fisieke materialiteit van plek wat 'n sensoriese, emotiewe en intellektuele bewussyn van die digter verg, 'n sogenaamde binne-die-liggaam ervaring (Smith 2012b:902). Dit vra eweneens om 'n bepaalde plekverbondenheid en plekgehegtheid van die digter. Ingeplaastheid aktiveer al drie die dimensies wat Lawrence Buell (2005:63) aan plek toeken, naamlik die materiële, fisiese ingeplaastheid van die digter (en uiteindelik ook die leser) in 'n spesifieke plek; tweedens suggereer dit die verband en persoonlike kontak van die digter met plek en derdens maak die term ook voorsiening vir 'n "taalbewuste skryfaksie, waardeur taal as sosiale waarnemings- en konstruksie-instrument ingespan word" en waardeur die sosiale dimensie van taal geaktiveer word (Smith 2012b: 902). Ingeplaaste skryf behels 'n aktiewe en sensoriese bewussyn van die digter vir die plek waar sy haar bevind; 'n bewussyn van die plek wat die liggaam fisies in beslag neem, die spesie-spesifiteite van die materiële liggame wat haar omring. Buell noem plek 'n "spatial container" (2005:63) waardeur die suggestie van behouering uitgedruk word. Eweneens het ingeplaastheid, en daarmee saam "ingebedheid", ook te make met hoe die digter taal as raamwerkskeppende instrument inspan om ingeplaastheid te bewerkstellig. Sowel materiële as linguistiese, sosiale en persoonlike ingeplaastheid vorm die agtergrond waarvan die digter haarself nie kan losmaak nie, 'n ingeplaastheid wat opnuut erkenning gee aan die materialiteit en sentraliteit van die menslike liggaam binne die totaliteit van sy omgewing. Want die konteks van plek sluit ook in die menslike konteks en liggaam, die sosiale en kulturele kontekste van plek (die komplekse Suid-Afrikaanse landskap, almal wat daarin woon en hul verhoudings met mekaar) en die taal-spesifieke kontekste, waarbinne die taalverruimende aanbod van die digter werksaam is. Wat Buell pleksensitiwiteit noem (Buell 2005:66) en wat vra om 'n bewussyn van die fisiese plek, is ewenseens van toepassing op plek- en omgewingsensitiwiteit ten opsigte van die verbeelde plek, die omgewing van die bewussyn. Wanneer die digter bewustelike verbindings en vervlegting, uitruil en interaksie skep tussen haarself en die materiële liggame waaruit plek bestaan, soos bome en sterre en uile, vind dit plaas ingebed in die groter konteks van behorende tot, omsluit in, omring van, maar ook manifesteer dit uiteindelik as verbeelde plek, 'n deelnemende materiële verbeelding, "iets méér as invoelende verbeelding méér as erbarming" (r35) wat uitreik en aanhits en voorspraak maak vir 'n soomlose vernuwing van denke en optrede, tussen mense, en veral ook tussen spesies en tussen alle materiële liggame. SLOT 'n Bewussyn en verwoording van die interaksie en selfs die hunkering na eenwording tussen die mens en sy omgewing is reeds in vorige bundels van Krog merkbaar, soos byvoorbeeld uitgewys in ontledings (Smith 2015:1-24) van die gedigte "Vier seisoenale waarnemings van Tafelberg" en "rondeau in vier dele" in Verweerskrif (2006), waarin die fokus op die materialiteit van alle dinge, menslik en niemenslik, en materiële uitruil ter sprake was. Met die bundel Mede-wete bevestig Krog haar omvattende blik op die omringende werklikheid en die samehang van alle dinge. Die relasionaliteit tussen menslike subjek en omgewing kan egter nie sonder meer tot eendimensionele eenheidsbegeerte gereduseer word nie. Die onderliggende spanning tussen verskil en die hunkering na omvattende en samehangende gehele, tussen mens en mens, en tussen mens en omgewing, is deurgaans sigbaar. Mede-wete strek soveel verder as net die konteks van mede-menswees. Dit omsluit al die liggaamlike dimensies van plek, naamlik die fisiese, die sosiale en die taalkundige. In die gedig "tesis in gestapelde sillabeversteuring oor ingebedheid" lewer die digter kommentaar op die verweefde intra-aktiewe, transliggaamlike wêreld waarin die mens leef - een materiële liggaam in samehang en vervleg met al die materiële liggame wat ons omring en bied sy 'n raamwerk of postulaat waarbinne daar na die werklikheid gekyk kan word.'n Ideologie van apart-wees en selfs antroposentries in-die-middel-wees, maak plek vir 'n voorgestelde ideologie van wisselwerking, insluiting, vervlegting en mede-afhanklikheid - van mede-bestaan en mede-wete.Die digter bied 'n alternatief wat vernuwing kan bewerkstellig, 'n verinnigende verhouding met alle materiële liggame wat die mens omring en waarvan hy deel is. BIBLIOGRAFIE Abram, D. 2010. Becoming Animal. An Earthly Cosmology. New York: Pantheon. [ Links ] Alaimo, S. 2008. Introduction: Emerging models of materiality in feminist theory. In Alaimo & Hekman (eds). 2008:1-22. [ Links ] Alaimo, S. & S. Hekman (eds). 2008. Material feminisms. Bloomington: Indiana University Press. [ Links ] Barad, K. 2003. Posthumanist Performativity: Towards an Understanding of How Matter Comes to Matter. SIGNS, 28(3):801-831. [ Links ] Barad, K. 2007. Meeting the Universe Halfway: Quantum Physics and the Entanglement of Matter and Meaning. Durham, N.C.: Duke University Press. [ Links ] Brink, André P. (red.). 2008. Groot Verseboe kDeel 1. Kaapstad: Tafelberg. [ Links ] Buell, L. 2005. The Future of Environmental Criticism. Environmental Crisis and Literary Imagination. Oxford & Malden: Blackwell Publishing. [ Links ] Genette, G. 1997. Paratext: Thresholds of Interpretation. Translated by J.E. Lewin. Cambridge: Cambridge University Press. [ Links ] Hambidge, J. 2014. Mede-wete (Antjie Krog). Woorde wat weeg. Internet. http://joanhambidge.blogspot.co.za/2014/11/antjie-krog-mede-wete-2014.html [13 Julie 2016]. [ Links ] Haraway, D. 1997. Modest_Witness@Second_Millenium: FemalMan_Meets_OncoMouse: Feminism and Technoscience. New York & London: Routledge. [ Links ] Jacobs, I. 2015. Resensie: Mede-wete (Antjie Krog). Tydskrif vir Letterkunde, 52(2):235-237. [ Links ] Kant, I. 2007 [1781]. Critique of Pure Reason. Translated by M. Weigelt. London: Penguin Books Ltd. [ Links ] Krog, A. 2014. Mede-wete. Kaapstad: Human & Rousseau. [ Links ] Krog, A. 2014. Synapse. Translated from Afrikaans by Karen Press. Cape Town:Human & Rousseau. [ Links ] Marais, L. 2009. Staan in die algemeen nader aan vensters. Kaapstad: Tafelberg Uitgewers. [ Links ] Morton, T. 2007. Ecology without nature. Cambridge, Massachusetts & London: Harvard University Press. [ Links ] Morton, T. 2010. The ecological thought. Cambridge, Massachusetts & London: Harvard University Press. [ Links ] Morton, T. 2011. Here comes everything. The promise of object-oriented ontology. Qui Parle, 19(2): 163-190. [ Links ] Odendal, F.F. & Gouws, R.H. (reds.). 2005. HAT. Kaapstad: Maskew Miller Longman. [ Links ] Oxford Dictionaries. 2016. Oxford University Press. http://www.oxforddictionaries.com/definition/english/emplacement[16 Junie 2016]. [ Links ] Pharos Afrikaans-Engels Woordeboek English-Afrikaans Dictionary. 2005. Kaapstad: NB Uitgewers. [ Links ] Smith, S. 2012a. Die aard van ekopoësie teen die agtergrond van die ekokritiese teorie met verwysing na enkele gedigte van Martjie Bosman. LitNetAkademies, 9(2):500-523. [ Links ] Smith, S. 2012b. Plek en ingeplaaste skryf. 'n Teoretiese ondersoek na ingeplaaste skryf as ekopoëtiese skryfpraktyk. LitNet Akademies, 9(3):887-928. [ Links ] Smith, S. 2014. Ekokritiek en die nuwe materialisme: 'n Ondersoek na die nuwe materialisme in enkele gedigte van Johann Lodewyk Marais uit die bundel In die bloute (2012). LitNet Akademies, 11(2):740-774. [ Links ] Smith, S. 2015. Liggaam as plek en plek as liggaam: Tendense van die Nuwe Materialisme en interaksie tussen mens en plek in enkele tekste uit Verweerskrif (2006) van Antjie Krog. LitNet Akademies, 12(2):1-24. [ Links ] Taljard, M. 2014. Resensie: Mede-wete (Antjie Krog). Versindaba. http://versindaba.co.za/2014/12/08/resensie-mede-wete-antjie-krog/ [13 Julie 2016]. [ Links ] Van der Tuin, I. 2010. A Different Starting Point, a Different Metaphysics: Reading Bergson and Barad Diffractively. Hypatia, 26(1):22-42. [ Links ] Van Niekerk, J. 2014. http://www.netwerk24.com/vermaak/2014-12-07-lewe-sonder-wete-van-anderLewesonder wete van ander. Media24. https://www.academia.edu/9686508/Lewe_sonder_wete_van_ander_-_Resensie_van_Mede-wete_deur_Antjie_Krog [14 Julie 2016]. [ Links ] Van Vuuren, H. 2014. LitNet Akademies Resensie-essay: Mede-wete deur Antjie Krog. http://www.litnet.co.za/litnet-akademies-resensie-essay-mede-wete-deur-antjie-krog/ [13 Julie 2016]. [ Links ] Van Wyk Louw, N.P. 2009. Die beiteltjie. In Brink, A.P. (red.). 2009:161. [ Links ] Visagie, A. 2015. Sinaps-opsporing tussen self en ander in Antjie Krog se Mede-wete (2014). Tydskrif vir Letterkunde, 52(2):225-234. [ Links ] Susan Smith woon en werk in Oos-Londen waar sy professor in Afrikaans is aan die Universiteit van Fort Hare (UFH). Sy tree voltyds toe tot die akademie in 2005 en speel in daardie jaar 'n deurslaggewende rol in die tot stand bring van 'n Afrikaans departement op die Oos-Londenkampus ná die sluiting van die departement op die Alicekampus. Die departement floreer sedertdien en lewer 'n belangrike bydrae tot Afrikaans in 'n oorwegend Engelse omgewing. Susan is ten nouste betrokke by die herskryf van die taalbeleid (2012) by UFH waarinAfrikaans, naas Engels en IsiXhosa, as amptelike taal aanvaar en erken word, wat 'n platform skep vir 'n multitalige universiteit. Die navorsingsterrein wat Susan verken, is ekokritiek en ekopoësie. Dit is veral die ondersoek na plek en ingeplaastheid waarmee sy 'n bydrae lewer. Sy is ook 'n digter: in 2012 verskyn haar debuutbundel, In die afwesigheid van sin en in Oktober 2016 Die aarde is 'n eierblou ark, beide van Protea Boekhuis. Susan is onlangs verkies tot sekundus van die Letterkundekommissie van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns. Susan Smith lives and works in East London where she is a professor at the University of Fort Hare (UFH). She joins academia fulltime in 2005 and in that year she is instrumental in establishing an Afrikaans department at the East London campus after the closure of the Afrikaans department at the university's Alice campus. Since then the department has flourished and continues to play an important role in contributing to Afrikaans in a predominantly English environment. Susan has been intensely involved in the rewriting of the language policy at UFH (2012), a policy in which Afrikaans, in addition to English and IsiXhosa, is recognised and adopted as an official language of the university, thereby paving the way for a multilingual university. Susan's research fields of interest are eco-criticism and ecopoetics. In particular, her contribution to the discourse on ecocritcism and eco-poetics is realised in her investigation of place and emplacement in literature. She is also a poet: in 2012 her first volume of poetry, In die afwesigheid van sin is published, followed in October 2016 by Die aarde is 'n eierblou ark, both from Protea Boekhuis. Susan has recently been elected as secundus to the Literature Commission of the SA Academy of Science and Arts.
<urn:uuid:b6f72c63-8039-430f-b8b5-661191267f32>
CC-MAIN-2019-30
http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512016000600008&lng=en&nrm=iso
2019-07-19T01:58:11Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525973.56/warc/CC-MAIN-20190719012046-20190719034046-00016.warc.gz
by
4.0
a_tag
false
false
{ "abbr": [ "by", "by" ], "in_footer": [ false, false ], "in_head": [ false, false ], "location": [ "a_tag", "a_tag" ], "version": [ "4.0", "4.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999675
false
Kategorie:Sakse Jump to navigation Jump to search Wikimedia Commons bevat media in verband met Sakse. | Subkategorieë Hierdie kategorie bevat slegs die volgende subkategorie. N - Bladsye in kategorie "Sakse" Die volgende 19 bladsye is in hierdie kategorie, uit 'n totaal van 19.
<urn:uuid:90bac8a6-757a-4a69-924f-22b7ad833f57>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Sakse
2019-07-20T07:41:34Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526489.6/warc/CC-MAIN-20190720070937-20190720092937-00176.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.996439
false
Hulp Bladsye wat na "1531" skakel ← 1531 Jump to navigation Jump to search Skakels hierheen Bladsy: Naamruimte: alle (Hoof) Bespreking Gebruiker Gebruikerbespreking Wikipedia Wikipediabespreking Lêer Lêerbespreking MediaWiki MediaWikibespreking Sjabloon Sjabloonbespreking Hulp Hulpbespreking Kategorie Kategoriebespreking Portaal Portaalbespreking Module Module talk Gadget Gadget talk Gadget definition Gadget definition talk Omgekeerde seleksie Filters Versteek insluitings | Versteek skakels | Versteek aansture Die volgende bladsye skakel na 1531 : Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). 1 Januarie ( ← skakels wysig ) 16de eeu ( ← skakels wysig ) 1631 ( ← skakels wysig ) 1588 ( ← skakels wysig ) 1521 ( ← skakels wysig ) 1526 ( ← skakels wysig ) 1527 ( ← skakels wysig ) 1528 ( ← skakels wysig ) 1529 ( ← skakels wysig ) 1530 ( ← skakels wysig ) 1532 ( ← skakels wysig ) 1533 ( ← skakels wysig ) 1534 ( ← skakels wysig ) 1535 ( ← skakels wysig ) 1536 ( ← skakels wysig ) 1541 ( ← skakels wysig ) 1484 ( ← skakels wysig ) 1431 ( ← skakels wysig ) 22 Februarie ( ← skakels wysig ) 11 Oktober ( ← skakels wysig ) 16 November ( ← skakels wysig ) 22 September ( ← skakels wysig ) Cornelius Agrippa ( ← skakels wysig ) Klein-Venedig ( ← skakels wysig ) Carcassonne ( ← skakels wysig ) Ixtlilxochitl II ( ← skakels wysig ) Pous Clemens VII ( ← skakels wysig ) Puebla de Zaragoza ( ← skakels wysig ) Ein feste Burg ist unser Gott ( ← skakels wysig ) Ulrich Zwingli ( ← skakels wysig ) Johannes Oekolampad ( ← skakels wysig ) Kategorie:Sterftes in 1531 ( ← skakels wysig ) Bespreking:1531 ( ← skakels wysig ) Metaalkonyn (astrologie) ( ← skakels wysig ) Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/1531 " Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Gereedskap Spesiale bladsye Drukbare weergawe Ander tale Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:9bdf2bbd-5739-467b-b2ef-32534ef0690d>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/1531
2019-07-20T08:02:36Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526489.6/warc/CC-MAIN-20190720070937-20190720092937-00176.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998871
false
Victor Ivanoff LewensloopWysig Victor het 'n Kossak militêre skool bygewoon en bewys dat hy vaardig was om te sing en te teken onder leiding van genl. Nikolai Karpoff. Die kosakke was lojale ondersteuners van die Tsaar, maar na die Oktober-rewolusie van 1917, waarin die Kommuniste aan bewind gekom het, het die Ivanoff-gesin in 1920 na Joego-Slawië gevlug waar Victor ingeskryf het om argitektuur aan die Universiteit van Zagreb te studeer. Hy het sy studies opgegee en hy het by die Don Kossakke-koor aangesluit by hul wêreldtoer wat in 1936 Suid-Afrika besoek het. Afrika het 'n indruk op Ivanoff gemaak en hy het gebly. Eerstens was hy 'n politieke spotprenttekenaar van Noticias, 'n Portugese koerant in Lourenço Marques, voordat hy werk as 'n spotprenttekenaar by die Afrikaanse koerant in Johannesburg, Die Vaderland, 'n posisie wat hy 37 jaar lank behou het. Joel Mervis vertel dat Ivanoff deur die Rand Daily Mail van Mosambiek gewerf is, maar as gevolg van sy swak Engels was hy verkeerdelik na Die Vaderland gestuur en is onmiddelik aangestel.[3] Een van Ivanoff se vroeë kommissies was 'n reeks karikature van parlementslede onder leiding van Piet Grobler], minister van naturellesake en 'n lid van eerste minister Jan Christian Smuts se kabinet. Sy strokiesprente van Smuts het groot impak gehad, soveel so dat die Verenigde Party Ivanoff gedeeltelik verantwoordelik gehou het vir hul verkiesingsverlies in 1948. Hy het hom tuis by die Russiese gemeenskap in Suid-Afrika bevind, sy kennis van 'n groot aantal Russiese volksliedere het sy gewildheid verhoog. Hy het gevoel dat Afrikaners en Russe baie in gemeen het, soos 'n liefde vir vryheid en wye oop ruimtes. In sy loopbaan het hy meer as 12 000 spotprente geskep, maar sy droom om as 'n ernstige kunstenaar beskou te word, en het het hom aangemeld vir kunslesse by Pierneef en 'n studiereis na Europa. Deur te werk in olieverf en sepia-tint het hy hoofsaaklik landskappe, mense en diere geskilder, en deelgeneem aan gesamentlike uitstallings en tien solo-uitstallings in Transvaal. In 1945 het Victor Ivanoff 'n reeks strokiesprente "Kalie die Kuiken" en "Jors voer die Oorlog" vir die tydskrif Die Brandwag.[4] Sy sang was van 'n hoë standaard en het af en toe in plaaslike opera produksies deelgeneem. Hy was ook 'n stigterslid van die Suid-Afrikaanse Operageselskap. Sy weduwee, Eveline, het sy as in Rusland se Don-rivier gestrooi. VerwysingsWysig - "Victor Archipovich Ivanoff | Art Auction Results". www.mutualart.com (in Engels). Besoek op 2018-10-30. - http://www.vtm.org.za/wp-content/uploads/2014/05/VictorIvanoffEng.pdf - Penpricks - The Drawing of South Africa's Battlelines - Ken Vernon - The Spearhead Press, 2000 - ISBN 0 86486 4728 - "'n Singende Rus is die 'vader' van die BLOU BUL". My Blog About Everything (in Engels). 2015-05-21. Besoek op 2018-10-30.
<urn:uuid:4030e972-69fd-4692-b2bd-217f4b6190ae>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Victor_Ivanoff
2019-07-21T12:41:59Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527000.10/warc/CC-MAIN-20190721123414-20190721145414-00336.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999981
false
Hulp Bladsye wat na "Franklin D. Roosevelt" skakel ← Franklin D. Roosevelt Jump to navigation Jump to search Skakels hierheen Bladsy: Naamruimte: alle (Hoof) Bespreking Gebruiker Gebruikerbespreking Wikipedia Wikipediabespreking Lêer Lêerbespreking MediaWiki MediaWikibespreking Sjabloon Sjabloonbespreking Hulp Hulpbespreking Kategorie Kategoriebespreking Portaal Portaalbespreking Module Module talk Gadget Gadget talk Gadget definition Gadget definition talk Omgekeerde seleksie Filters Versteek insluitings | Versteek skakels | Versteek aansture Die volgende bladsye skakel na Franklin D. Roosevelt : Wys (vorige 50 | volgende 50 ) ( 20 50 100 250 500 ). 1945 ( ← skakels wysig ) 1941 ( ← skakels wysig ) 1940 ( ← skakels wysig ) 1933 ( ← skakels wysig ) 1932 ( ← skakels wysig ) 1882 ( ← skakels wysig ) 28 November ( ← skakels wysig ) 30 Januarie ( ← skakels wysig ) 4 Februarie ( ← skakels wysig ) 11 Maart ( ← skakels wysig ) 2 Julie ( ← skakels wysig ) Mahatma Gandhi ( ← skakels wysig ) 12 Maart ( ← skakels wysig ) 12 April ( ← skakels wysig ) 19 April ( ← skakels wysig ) 30 April ( ← skakels wysig ) Winston Churchill ( ← skakels wysig ) 5 November ( ← skakels wysig ) Verenigde State van Amerika ( ← skakels wysig ) President van die Verenigde State van Amerika ( ← skakels wysig ) Andrew Johnson ( ← skakels wysig ) Pierre Laval ( ← skakels wysig ) Charles de Gaulle ( ← skakels wysig ) Adolf Hitler ( ← skakels wysig ) Jimmy Carter ( ← skakels wysig ) Tweede Wêreldoorlog ( ← skakels wysig ) 3 November ( ← skakels wysig ) Albert Einstein ( ← skakels wysig ) 4 November ( ← skakels wysig ) Quebecstad ( ← skakels wysig ) Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/Julie ( ← skakels wysig ) Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/November ( ← skakels wysig ) Jan Christian Smuts ( ← skakels wysig ) Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/2 Julie ( ← skakels wysig ) Wladimir Poetin ( ← skakels wysig ) Château Frontenac ( ← skakels wysig ) Martin Luther King jr. ( ← skakels wysig ) Angela Merkel ( ← skakels wysig ) Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/28 November ( ← skakels wysig ) Universele Verklaring van Menseregte ( ← skakels wysig ) Goue Vierkant ( ← skakels wysig ) Ellen Johnson Sirleaf ( ← skakels wysig ) Brasilië ( ← skakels wysig ) Ernest Oppenheimer ( ← skakels wysig ) Groot Vlaktes ( ← skakels wysig ) Washington, D.C. ( ← skakels wysig ) George W. Bush ( ← skakels wysig ) Sjabloon:Presidente van die VSA ( ← skakels wysig ) Groot Depressie ( ← skakels wysig ) Wikipedia:Kernartikels ( ← skakels wysig ) Wys (vorige 50 | volgende 50 ) ( 20 50 100 250 500 ). Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Franklin_D._Roosevelt " Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Gereedskap Spesiale bladsye Drukbare weergawe Ander tale Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:cf261fae-0ed6-4ed8-a25d-5fbaeb4aaa29>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Franklin_D._Roosevelt
2019-07-17T19:28:29Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525374.43/warc/CC-MAIN-20190717181736-20190717203736-00440.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998863
false
Herne Kaart | Wapen | Vlag | | Land | Duitsland | Deelstaat | Noordryn-Wesfale | Koördinate | | Stigting | 880 (eerste verwysing) | Stadstatus | 1897 | Oppervlakte: | | - Totaal | 51,4 vk km | Hoogte bo seevlak | 65 m | Bevolking: | | - Totaal (31 Desember 2011) | 164 244[1] | - Bevolkingsdigtheid | 3195/vk km | Tydsone | UTC +1 (MET) | - Somertyd | UTC +2 (MEST) | Burgemeester | Frank Dudda (SPD) | Amptelike Webwerf | herne.de | Herne is 'n stad in Noordryn-Wesfale in die weste van Duitsland, met 'n bevolking van 164 244 op 31 Desember 2011 en 'n oppervlakte van 51,4 km². Die eerste historiese verwysing na Herne dateer uit die jaar 880 en in 1897 het die stad stadstatus gekry. Sedert 1933 is Herne 'n stad met 'n bevolking van meer as 100 000 en het in 1975 die stad Wanne-Eickel ontvang.
<urn:uuid:27c53be5-3939-43dc-8810-621a2dcc0dcf>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Herne
2019-07-19T02:07:41Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525973.56/warc/CC-MAIN-20190719012046-20190719034046-00040.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.997369
false
Hulp Kategorie:Gebruiker az-4 in Wikipedia, die vrye ensiklopedie Jump to navigation Jump to search Wikimedia Commons bevat media in verband met Gebruiker az-4 . Hierdie kategorie bevat geen bladsye of media nie. Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Kategorie:Gebruiker_az-4&oldid=1537414 " Kategorie : Gebruiker az Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Kategorie Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Ander projekte Wikimedia Commons Wikidata Wiktionary Druk/eksporteer Skep boek Laai af as PDF Drukbare weergawe Gereedskap Skakels hierheen Verwante veranderings Spesiale bladsye Permanente skakel Bladinligting Wikidata-item Ander tale Azərbaycanca Brezhoneg Bosanski کوردی Чӑвашла Dansk Deutsch English Euskara فارسی Suomi Français עברית Magyar Հայերեն Íslenska 日本語 ქართული Қазақша Kurdî Кыргызча Лакку Lietuvių Nederlands Diné bizaad Polski Piemontèis Română Русский Simple English Shqip Türkmençe Türkçe Татарча/tatarça ئۇيغۇرچە / Uyghurche Oʻzbekcha/ўзбекча 中文 粵語 Wysig skakels Die bladsy is laas op 20 Maart 2017 om 15:53 bygewerk. Die teks is beskikbaar onder die lisensie Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel . Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting. Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:5e399f94-3fe2-41bb-b657-4c80b5fc2e98>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Gebruiker_az-4
2019-07-19T01:53:31Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525973.56/warc/CC-MAIN-20190719012046-20190719034046-00040.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.992717
false
Kategorie:Rugbykompetisies in Australië Jump to navigation Jump to search Subkategorieë Hierdie kategorie bevat die volgende 2 subkategorië, uit 'n totaal van 2. Hierdie kategorie bevat die volgende 2 subkategorië, uit 'n totaal van 2.
<urn:uuid:cb4a91ae-4ccc-46f7-a4e4-63809a443665>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Rugbykompetisies_in_Australi%C3%AB
2019-07-19T02:35:32Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525973.56/warc/CC-MAIN-20190719012046-20190719034046-00040.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.994386
false
59ste Golden Globe-toekenningsaand Jump to navigation Jump to search Datum | 20 Januarie 2002 | | Beste rolprente en reekse | || Rolprent | A Beautiful Mind (drama) Moulin Rouge! (komedie of musiekspel) | | TV-reeks | Six Feet Under (drama) Sex and the City (musiek of komedie) | | Minireeks of TV-prent | Band of Brothers | Die 59ste Golden Globe-toekenningsaand, wat uitnemendheid in die rolprente en TV-programme van 2001 vereer het, is op 20 Januarie 2002 gehou.
<urn:uuid:dcf0ed32-2434-43b6-ae23-9135b714eaf9>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/59ste_Golden_Globe-toekenningsaand
2019-07-22T18:51:43Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528208.76/warc/CC-MAIN-20190722180254-20190722202254-00520.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.988906
false
Coldstream Coldstream | | Coldstream se ligging in Oos-Kaap Koördinate: Koördinate: | | Land | Suid-Afrika | ---|---| Provinsie | Oos-Kaap | Distrik | Sarah Baartman | Munisipaliteit | Kou-Kamma | Oppervlak[1] | | - Nedersetting | 2,53 km² (1 vk m) | Bevolking (2011)[1] | | - Nedersetting | 1 657 | - Digtheid | 655/km² (1 696,4/myl2) | Rasverdeling (2011)[1] | | • Blank | 4.0% | • Indiër/Asiër | 0.1% | • Kleurling | 62.1% | • Swart | 33.0% | • Ander | 0.7% | Taal (2011)[1] | | • Afrikaans | 72.4% | • Xhosa | 22.7% | • Engels | 2.9% | • Ander | 2.0% | Poskode (strate) | 6311 | Poskode (posbusse) | 6311 | Skakelkode(s) | 042 | Coldstream is 'n nedersetting in die Oos-Kaap, Suid-Afrika in die Tsitsikamma streek. Die nedersetting is net noord van die N2-nasionale pad, oos van die Bloukransrivierbrug en die R 102 hoofpad gaan deur die nedersetting. In 1910 is 'n grafsteen uitgegrawe wat ongeveer 2000 jaar oud was. Op die klip was 'n tekening van 'n kunstenaar wat 'n palet en 'n veer (vir 'n kwas) vashou. Die ontdekking het 'n groot beroering veroorsaak onder die paleontoloë. Sien ook[wysig | wysig bron] Verwysings[wysig | wysig bron] - "Hoofplek Coldstream". Sensus 2011.
<urn:uuid:01f60047-9f89-41e0-a4a7-3a2692bb1f4e>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Coldstream
2019-07-22T19:00:03Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528208.76/warc/CC-MAIN-20190722180254-20190722202254-00520.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.996709
false
Bespreking:NG gemeente Middelburg, Mpumalanga Jump to navigation Jump to search Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die NG gemeente Middelburg, Mpumalanga-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. | Artikelriglyne Daaglikse bladtrekke | |
<urn:uuid:a5268791-01d2-4184-b74d-988e15682c8b>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:NG_gemeente_Middelburg,_Mpumalanga
2019-07-19T02:34:58Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525973.56/warc/CC-MAIN-20190719012046-20190719034046-00064.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999965
false
Kategorie:Rassisme Jump to navigation Jump to search Wikimedia Commons bevat media in verband met Rassisme. | Subkategorieë Hierdie kategorie bevat die volgende 4 subkategorië, uit 'n totaal van 4.
<urn:uuid:ee629c4f-0962-4ae6-919f-5455f15adc40>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Rassisme
2019-07-19T02:29:43Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525973.56/warc/CC-MAIN-20190719012046-20190719034046-00064.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.929719
false
Sjabloon:Cite report in Wikipedia, die vrye ensiklopedie Jump to navigation Jump to search Sjabloondokumentasie [ sien ] [ wysig ] [ geskiedenis ] [ wis kasgeheue ] Sien dokumentasie op die Engelse wiki. Die bostaande dokumentasie is ingesluit vanaf Sjabloon:Cite report/doc . ( wysig geskiedenis ) Redigeerders kan eksperimenteer in hierdie sjabloon se sandput ( skep spieël ) en toetsgevalle ( skep ) blaaie. Plaas asseblief kategorieë op die /doc -subbladsy. Subbladsye vir die sjabloon . Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Sjabloon:Cite_report&oldid=1227178 " Kategorie : Verwysingsjablone Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Sjabloon Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Print/export Download as PDF Gereedskap Skakels hierheen Verwante veranderings Spesiale bladsye Permanente skakel Bladinligting Wikidata-item Ander tale العربية مصرى অসমীয়া Azərbaycanca تۆرکجه भोजपुरी বাংলা Bosanski کوردی Dansk डोटेली Ελληνικά English فارسی Føroyskt Français Galego Հայերեն Bahasa Indonesia Ilokano 日本語 한국어 Latviešu मैथिली Македонски मराठी Bahasa Melayu မြန်မာဘာသာ नेपाली ଓଡ଼ିଆ Português Română Русский Scots Srpskohrvatski / српскохрватски Simple English Slovenščina Shqip Српски / srpski Svenska ไทย Tagalog Türkçe Українська اردو Tiếng Việt IsiXhosa 中文 Bân-lâm-gú 粵語 IsiZulu Wysig skakels Die bladsy is laas op 28 Desember 2013 om 14:58 bygewerk. Die teks is beskikbaar onder die lisensie Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel . Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting. Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:13f02379-d67d-4553-8e56-82c72f16536d>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Sjabloon:Cite_report
2019-07-19T01:47:44Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525973.56/warc/CC-MAIN-20190719012046-20190719034046-00064.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.996021
false
Sjabloon:Provinsies van Noorweë in Wikipedia, die vrye ensiklopedie Jump to navigation Jump to search s b w Provinsies van Noorweë Akershus Aust-Agder Buskerud Finnmark Hedmark Hordaland Møre og Romsdal Nordland Oppland Oslo Rogaland Sogn og Fjordane Telemark Troms Trøndelag Vest-Agder Vestfold Østfold Ander dele van die land Svalbard Jan Mayen Bouveteiland Koningin Maudland Peter I-Eiland Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Sjabloon:Provinsies_van_Noorweë&oldid=1638907 " Kategorie : Aardrykskundige reekssjablone Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Sjabloon Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Print/export Download as PDF Gereedskap Skakels hierheen Verwante veranderings Spesiale bladsye Permanente skakel Bladinligting Wikidata-item Ander tale Нохчийн Čeština Euskara Føroyskt Հայերեն Lietuvių Norsk Polski Русский Slovenčina Türkçe Українська Wysig skakels Die bladsy is laas op 15 Januarie 2018 om 11:02 bygewerk. Die teks is beskikbaar onder die lisensie Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel . Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting. Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:ead8a11a-29f2-4d45-95f0-869792a85dd8>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Sjabloon:Provinsies_van_Noorwe%C3%AB
2019-07-19T02:40:39Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525973.56/warc/CC-MAIN-20190719012046-20190719034046-00064.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.996643
false
Skildklier Die skildklier is 'n orgaan in die nek en vou om die lugpyp. Hierdie klier het te make met die regulering van metabolisme deur middel van verskeie hormone wat deur die klier afgeskei word. Die skildklier is nie die adamsappel nie, die adamsappel is die tiroïedkraakbeen. Simptome van 'n ooraktiewe skildklier[wysig | wysig bron] Hart klop vinniger, bloeddruk styg, sweet oormatig van baie warm kry, bewerig, moeg en groot eetlus maar verloor tog gewig. Starende oë is goeie kenmerk. Simptome van 'n onderaktiewe skildklier[wysig | wysig bron] Moegheid, depressie, spierpyne, hardlywigheid, gewig aansit, koud voel, erge menstruasie, droë, harde hare, dik en droë vel, geswelde ooglede, diep stem, stadige hartklop, verlies aan gehoor, dik tong, vroegtydige grys hare, min belangstelling in intimiteit. Wikimedia Commons bevat media in verband met Skildklier. |
<urn:uuid:50651062-7dad-438e-8879-ac8966511f75>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Skildklier
2019-07-19T01:55:24Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525973.56/warc/CC-MAIN-20190719012046-20190719034046-00064.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999968
false
BMW X1 In Noord-Amerika is die X1 BMW se kleinste SUV aangebied, en het 'n lae beginprys van $34,800.[1] Die X1 is ook BMW se eerste SUV wat agterwieldryf as 'n opsie bied (slegs op die sDrive28i model). Die sDrive28i en xDrive28i modelle bied 'n 2.0 L, 241 perdekrag turbo-aangejaagde inlynviersilinderenjin, en die xDrive35i model 'n 3.0 L, 300 perdekrag enkelturbo-aangejaagde inlynsessilinderenjin. Vier verskillende lyne is beskikbaar: die ES/SE Lyn, die Sportlyn, die Luukselyn, en die xLine. Die lyne bied unieke afwerkingsverskille om elk van die ander te onderskei. 'n Agtspoed sport-outomatiese ratkas is beskikbaar op die Noord-Amerikaanse modelle. Die binneruim is soortgelyk aan dié van die huidige BMW 1-Reeks Coupe, ook aangebied in Noord-Amerika. Ontwikkeling het in 2004 begin, met ontwerpwerk sedert 2005. Die finale ontwerpwerk is gedoen deur Richard Kim gedurende 2006 en gevries vir produksie in die middel-2007. Model | Jaar | Tipe/kode | Krag/wringkrag@rpm | ---|---|---|---| sDrive16d | 2015- | 1,496 cc (91.3cu in) I3 turbo (B37C15U0?) | 116 PS (85 kW; 114 bhp)@4000, 270 N·m (199 ft·lb)@1750 | sDrive18d | 2015- | 1,996 cc (121.8 cu in) I4 turbo (B47C20U0) | 150 PS (110 kW; 148 bhp)@4000, 330 N·m (243 ft·lb)@1750-2750 | xDrive18d | 2015- | 1,996 cc (121.8 cu in) I4 turbo (B47C20U0) | 150 PS (110 kW; 148 bhp)@4000, 330 N·m (243 ft·lb)@1750-2750 | sDrive20d | 2016- | 1,995 cc (121.7 cu in) I4 turbo (B47C20O0) | 190 PS (140 kW; 187 bhp)@4000, 400 N·m (295 ft·lb)@1750-2500 | xDrive20d | 2015- | 1,995 cc (121.7 cu in) I4 turbo (B47C20O0) | 190 PS (140 kW; 187 bhp)@4000, 400 N·m (295 ft·lb)@1750-2500 | xDrive25d | 2015- | 1,995 cc (121.7 cu in) I4 turbo (B47C20T0) | 231 PS (170 kW; 228 bhp)@4400, 450 N·m (332 ft·lb)@1500-3000 | Ratkaste[wysig | wysig bron] Model | Jaar(s) | Tipes | ---|---|---| sDrive18i | 2015- | 6-spoed handrat, 6-spoed Steptronic | sDrive18Li | 2016- | 6-spoed Steptronic | sDrive20i | 2015- | 8-spoed Steptronic | sDrive20Li | 2016- | 8-spoed Steptronic | xDrive20i | 2015- | 8-spoed Steptronic | xDrive20Li | 2016- | 8-spoed Steptronic | xDrive25i | 2015- | 8-spoed Steptronic | xDrive25Li | 2016- | 8-spoed Steptronic | xDrive25Le iPerformance | 2016- | 6-spoed Steptronic? | Model | Jaar(s) | Tipes | ---|---|---| sDrive16d | 2015- | 6-spoed handrat | sDrive18d | 2015- | 6-spoed handrat, 8-spoed Steptronic | xDrive18d | 2015- | 6-spoed handrat, 8-spoed Steptronic | sDrive20d | 2016- | 6-spoed handrat, 8-spoed Steptronic | xDrive20d | 2015- | 6-spoed handrat, 8-spoed Steptronic | xDrive25d | 2015- | 8-spoed Steptronic | Model | Jaar(s) | 0-100 km/h (0-62 mph) (s) | CO2 (g/km) | ---|---|---|---| sDrive16d | 2015- | 11.1/na | 104-109/na | sDrive18d | 2015- | 9.2/9.2 | 109-114/114-119 | xDrive18d | 2015- | 9.2/9.3 | 124-129/124-129? | sDrive20d | 2016- | 7.8/7.9 | 118-123/118-123 | xDrive20d | 2015- | 7.6/7.6 | 127-132/128-133 | xDrive25d | 2015- | na/6.6 | na/132-137 | Produksie[wysig | wysig bron] Die BMW X1 word by BMW-Werk se Regensburg-aanleg vervaardig. Die BMW X1 Lang-asafstand word by BMW se Brilliance Tiexi-aanleg in Shenyang vervaardig. Die BMW X1 xDrive25Le iPerformance word deur BMW Brilliance vervaardig. Verwysings[wysig | wysig bron] - "BMW X1 MSRP". NADAguides.com. - "BMW F48 X1 – Technical specifications, size dimensions, fuel economy". ultimatespecs.com. - Specifications BMW X1 sDrive 20d, valid from 07/2016.
<urn:uuid:318c02b1-4a95-4129-8066-ceedf7b66214>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/BMW_X1
2019-07-20T08:14:14Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526489.6/warc/CC-MAIN-20190720070937-20190720092937-00224.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.875253
false
Kategorie:Versekering Jump to navigation Jump to search Wikimedia Commons bevat media in verband met Insurance. | Subkategorieë Hierdie kategorie bevat slegs die volgende subkategorie. V -
<urn:uuid:d987151e-91aa-4a41-b09d-422569c25636>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Versekering
2019-07-20T07:40:12Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526489.6/warc/CC-MAIN-20190720070937-20190720092937-00224.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.911934
false
Boekbronne Biblioteke Suid-Afrika: - Soek die boek in die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika se katalogus - Soek die boek in die SEALS Konsortium se biblioteek - Soek die boek in die Universiteit van Suid-Afrika se biblioteek - Soek die boek in die Universiteit van die Witwatersrand se biblioteek - Soek die boek in die Kaapse Hoër Onderwys Konsortium se biblioteek Wêreldwyd: - Soek die boek deur WorldCat in jou plaaslike biblioteek se katalogus Boekwinkels Suid-Afrika: Ander lande:
<urn:uuid:8fc21e8c-2aa3-4e4a-9c80-63c29a6415f0>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Boekbronne/0773463100
2019-07-21T12:44:08Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527000.10/warc/CC-MAIN-20190721123414-20190721145414-00384.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999966
true
Bespreking:Moderne Gnostisisme Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Moderne Gnostisisme-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. | Artikelriglyne Daaglikse bladtrekke | | Ek het die teks so 'n bietjie aangepas - daar kan myns insiens nie sprake van die Gnostisisme wees nie. Weens die groot aantal verskillende groeperings moet ons waarskynlik van Gnostiese tradisies praat. Die klein aantal Gnostiese Christene sê natuurlik niks oor die outentisiteit van hierdie tradisies nie - hulle is heel waarskynlik die ware opvolgers van Jesus van Nasaret en Maria Magdalena. --Voyageur 20:06, 27 Augustus 2007 (UTC)
<urn:uuid:ca7569b5-0cea-43aa-b801-c8ddbe65f2fd>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Moderne_Gnostisisme
2019-07-21T12:58:58Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527000.10/warc/CC-MAIN-20190721123414-20190721145414-00384.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
1.000007
false
Zapiro Jonathan Shapiro | | Zapiro by die Göteborg Book Fair in 2010. Geboortenaam | Jonathan Shapiro | ---|---| Gebore | 1958 Kaapstad, Unie van Suid-Afrika | Nasionaliteit | Suid-Afrika | Beroep | Spotprenttekenaar | Bekend vir | Anti-apartheid-aktivis | Zapiro is die pennaam van die Suid-Afrikaanse politieke spotprenttekenaar, Jonathan Shapiro, wie se werk sedert die 1980’s in Suid-Afrikaanse koerante soos die Mail & Guardian, Sowetan en Sunday Times verskyn. Zapiro het reeds etlike toekennings vir sy uitdagende werk ontvang en in die 1980’s is hy sonder verhoor vir anti-apartheid bedrywighede aangehou.[1][2] Vroeë lewe en loopbaan[wysig | wysig bron] Shapiro is in 1958 as die seun van Gershon en Gaby Shapiro gebore. Sy pennaam, Zapiro, is afgelei van die bynaam van ’n medeleerling by Rondebosch Boys' High School, Martin Shapiro, wat in ’n bergklimongeluk oorlede is. Martin Shapiro se vriende het hom Zap genoem. Die eerste Zapiro-karakter se naam was Preppy wat ’n prominente kuif gehad het en kommentaar oor gebeure in en om die skool gelewer het.[2] Shapiro het argitektuur aan die Universiteit van Kaapstad studeer, maar later na grafiese ontwerp by die Michaelis-kunsskool oorgeskakel.[3] Kort daarna moes hy vir sy twee-jaarlange militêre diensplig-opleiding aanmeld (wat op daardie stadium verpligtend was). Terwyl hy in die weermag was, het hy by die UDF aangesluit. Tydens sy diensplig het hy ook spotprente vir progressiewe publikasies begin teken. Ná sy militêre opleiding, het hy suksesvol vir ’n Fulbright-beurs aansoek gedoen om vir twee jaar by die Skool van Visuele Kunste in New York, spotprenttekenkuns te studeer. Vóór sy vertrek is hy egter sonder verhoor deur die Suid-Afrikaanse Veiligheidspolisie as gevolg van sy anti-apartheid bedrywighede, aangehou.[2] In New York het hy satiriese spotprentteken-, karikatuur-, strokiesverhale- en sekwensiële kuns en die geskiedenis van visuele kommunikasie bestudeer. Ook die kuns van teken, ets, skilder en hy het ’n onafhanklike studie onder Art Spiegelman oor die grafiese roman voltooi.[3] In 1991 keer hy na Suid-Afrika terug en vervaardig saam met Story Circle opvoedkundige strokiesverhale soos Roxy (vigsvoorligting), Tomorrow People (opvoeding oor demokrasie), en A Trolley Full of Rights (voorkoming van kindermishandeling). In 1994 word hy aangestel as redaksionele spotprenttekenaar vir die Mail & Guardian en die Sowetan en in 1998 ook vir die Sunday Times. Vanaf 1996 tot 1997 is sy werk ook in die Cape Argus gepubliseer.[2] Sedert September 2005, verskyn sy werk ook drie keer per week in die Cape Times, The Star, The Mercury en Pretoria News.[4] Shapiro skroom nie om omstrede onderwerpe te takel nie en het reeds kritiese kommentaar gelewer op Suid-Afrika se beleid oor vigs, die Minister van Gesondheid, Manto Tshabalala-Msimang, Vlakplaas en ander sake wat voor die Waarheid en Versoeningskommissie verskyn het, die ramp in Zimbabwe en omkopery tydens Suid-Afrika se wapentransaksie.[5][6] In Mei 2006 het die ANC se visiepresident, Jacob Zuma, drie naamskendingeise van R5 miljoen elk teen die Zapiro en die Engelse dagblad, The Star, aanhangig gemaak.[7] Die eise teen Zapiro hou verband met drie spotprente wat na Zuma se verkragtingsaak in 2006 verwys het. Die eerste van die drie spotprente het verwys na Zuma se inswering vóór hy getuienis sou lewer in die saak, die tweede verwys na ’n “Zuma moral handbook”, en die derde het verwys na sy vryspraak in die saak.[8] Shapiro het gereageer met ’n spotprent in The Star, en later ook in die Mail & Guardian, waar hy ’n woedende Zuma uitbeeld wat R15 miljoen by Zapiro eis en skree: “I’m suing for damage to my reputation!”, die spotprent vertoon ’n verveelde, ongeërgde Zapiro wat antwoord: “Would that be your reputation as a disgraced, chauvinistic demagogue who can’t control his sexual urges and who thinks a shower prevents AIDS?”[9] Toekennings en erkenning[wysig | wysig bron] Zapiro het reeds talle toekennings ontvang en is op andere maniere vereer. Die vernaamste sluit in: - In 2001 het hy die eerste spotprenttekenaar geword om ’n kategorieprys te wen in die CNN African Journalist of the Year Awards;[2] - In 2003 was hy die enigste spotprenttekenaar uit Afrika wat genooi is om die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, Switserland by te woon;[2] - In 2003 en 2004 het hy die Mondi-koeranttoekenning vir grafiese joernalistiek ontvang;[4] - In 2004 het die Universiteit van Transkei aan hom ’n eredoktorsgraad in letterkunde toegeken;[4] - In Oktober 2005 is aangekondig dat hy die gesogte Prins Claus-toekenning van €100 000 gewen het. Dit is op 7 Desember 2005 by die Muziekgebouw in Amsterdam aan hom oorhandig, ter erkenning van sy rol in die stimulering van maatskaplike en kulturele ontwikkeling;[10] - Ook in 2005 het hy ’n eretoekenning van die Sunday Times se Alan Paton-literêre toekenning ontvang en is hy as Kommunikeerder van die Jaar deur die Tshwane-Universiteit van Tegnologie se department van Openbare Betrekkinge en Sakekommunikasie benoem. Hy het in dieselfde jaar ook die Mondi Shanduka-toekenning as Joernalis van die Jaar ontvang;[4] - In 2006 het hy die eerste Mondi Shanduka-toekenning as Joernalis van die Jaar, en die eerste Vodacom-toekenning as Spotprenttekenaar van die Jaar gewen;[4] - In 2007 was hy die wenner van toekenning deur die Cartoonist’s Rights Network International (CNRI) vir dapperheid in redaksionele spotprentwerk.[1][11] Verwysings[wysig | wysig bron] - Mail & Guardian, Zapiro's truth to power lauded, besoek op 7 Julie 2007 - SOUTH AFRICAN CARTOONISTS & ILLUSTRATORS, ZAPIRO, besoek op 7 Julie 2007 - 24.com se Who's Who, Mr Jonathan "Zapiro" SHAPIRO, besoek op 7 Julie 2007 - Design Indaba, Zapiro (SA), besoek op 7 Julie 2007 - Herman Wasserman, Response for discussion: Public lecture by Zapiro, ‘Cartoons and critique in South Africa’, aangebied deur die Department van Joernalisme en Department van Sosiologie and Sosiale Antropologie, Universiteit van Stellenbosch, 13 Mei 2005, Afgelaai op 7 Julie 2007 - Die Sack Manto Campaign, Zapiro Cartoons, besoek op 7 Julie 2007 - Beeld, Katrien Smit Zuma, ‘Rapport’ in Februarie na hof, besoek op 7 Julie 2007 - IOL, Zuma seeks millions from newspaper group, besoek op 7 Julie 2007 - news24, What reputation? asks Zapiro, besoek op 7 Julie 2007 - 2005 Prince Claus Award for the South African Cartoonist Zapiro, besoek op 7 Julie 2007 - Cartoonist's Rights Network International, besoek op 7 Julie 2007
<urn:uuid:aceff0ba-ce8e-4cc2-b0a5-196f15535a55>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Jonathan_Shapiro
2019-07-21T13:12:35Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527000.10/warc/CC-MAIN-20190721123414-20190721145414-00384.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999873
false
Windows Live Messenger Windows Live Messenger | | Ontwikkelaar | Microsoft | ---|---| Aanvanklike vrystelling | 22 Julie 1999 | Nuutste weergawe | 2012 (v16.4.3508.205)/ 8 April 2013 | Bedryfstelsel | Windows XP en later OS X Windows Mobile Windows Phone Symbian OS 9.x BlackBerry OS iOS Windows CE Xbox 360 | Beskikbaar in | 50 tale | Kategorie | Instant messaging | Lisensie | Proprietary (Freeware of bundled) | Webblad | windows.microsoft.com/en-US/messenger/home | Windows Live Messenger (voorheen MSN Messenger, algemeen bekend as MSN) is 'n kitsboodskapkliënt wat deur Microsoft geskep is en ontwikkel word en wat ontwerp is om op die bedryfstelsels Windows XP, Windows Vista, Windows 7, Windows Server 2003, Windows Server 2008, en Windows Mobile te werk. Die kliënt is sedert 2005 deel van Microsoft se Windows Live-stel aanlyndienste. Dit verbind aan Microsoft se .NET Messenger Service. Die kliënt is die eerste as MSN Messenger op 22 Julie 1999 geloods[1] en as Windows Live Messenger op 13 Desember 2005.[2] Meer as 300 miljoen aktiewe gebruikers benut die diens op 'n maandelikse basis.[3] Verwysings[wysig | wysig bron] - Microsoft Launches MSN Messenger Service - Windows Live Messenger release dates from official blog - The Windows Live Messenger Team. "Share your favorite personal Windows Live Messenger story with the world!". Besoek op 16 Junie 2009.
<urn:uuid:6bf07d3c-c88f-4281-9df9-d1bb625d03b3>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Windows_Live_Messenger
2019-07-21T13:06:36Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527000.10/warc/CC-MAIN-20190721123414-20190721145414-00384.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.967868
false
Sweep 'n Sweep is 'n instrument wat tradisioneel gebruik word deur mense om beheer oor diere of ander mense uit te oefen, deur pyn nakoming of vrees vir pyn. In sommige aktiwiteite kan swepe gebruik word sonder om pyn te veroorsaak, soos 'n bykomende drukhulp tydens dresseer met skouperde. Soorte[wysig | wysig bron] Daar bestaan oor die algemeen twee tipes swepe, óf 'n vaste stoksweep ontwerp om direk te slaan, of 'n buigsame sweep wat op 'n spesifieke manier geswaai moet word om doeltreffend te wees, maar met 'n langer reik. Daar is ook swepe wat 'n stewige stok (die handvatsel) en 'n buigsame lyn (die wimper of riem) kombineer, soos die jagsweep. Daar is kort handswepies vir perderuiters en hondehanteerders, langer swepe vir perdekarre en dan groot swepe vir 'n span osse, wat natuurlik veel langer is. Lyfstraf[wysig | wysig bron] Die meerderheid van swepe word ontwerp vir gebruik op diere, hoewel swepe soos die "kat-met-nege-sterte" en die "knoet" spesifiek ontwerp is vir die geseling van 'n mens en as 'n middel van lyfstraf of marteling. 'n Sweep kan op jouself gebruik word as deel van 'n godsdienstige praktyk, of op toestemmende persone tydens BDSM-erotiese aktiwiteite. Die sweep is gebruik in die Middeleeue en selfs in die vroeë moderne tydperk, soos die Bamberg-marteling in Europa, onder die dekmantel van die dissiplinering van werkspanne. In die 19de eeu is slawe in die VSA mishandel met swepe. In die 20ste eeu is sweephoue wêreldwyd gebruik deur diktature vir die marteling van aangehoudenes of geïnterneerde teenstanders van 'n regime. In die meeste Islamitiese lande word sweephoue as deel van lyfstraf in tronke gebruik. So, byvoorbeeld, is die Iranse Sakineh Mohammadi Ashtiani gevonnis tot 99 houe en die Saoedi-blogger Raif Badawi tot 600 houe. Eksterne skakels[wysig | wysig bron] Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
<urn:uuid:8bc3a136-2469-4399-a924-b1bd6cd60045>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Sweep
2019-07-20T07:58:22Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526489.6/warc/CC-MAIN-20190720070937-20190720092937-00248.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
1.000004
false
Omgekeerde Hierdie artikel bevat geen skakels na ander artikels nie. | Die omgekeerde of resiprook van 'n getal is bloot 1 gedeel deur die getal. Dus, die resiprook van 5 is 1/5 = 0.20. Die omgekeerde van 'n breuk word verkry deur die teller en die noemer om te draai. As voorbeeld, die omgekeerde van 2/3 is 3/2. - die omgekeerde van 8 is 1/8 omdat 1 gedeel deur 8 = 1/8. - die omgekeerde van 125 is 1/125 omdat 1 gedeel deur 125 = 1/125. - die omgekeerde van 2498 is 1/2498 omdat 1 gedeel deur 2498 = 1/2498. - die omgekeerde van 98 is 1/98 omdat 1 gedeel deur 98 = 1/98. - die omgekeerde van 77 is 1/77 omdat 1 gedeel deur 77 = 1/77. - die omgekeerde van 345 is 1/345 omdat 1 gedeel deur 345 = 1/345. As 'n getal met sy omgekeerde vermenigvuldig word, is die resultaat altyd 1: - 3 en 1/3 is omgekeerdes omdat 3 × 1/3 = 1 - 10/12 en 1 1/5 is omgekeerdes omdat 10/12 × 1 1/5 = 1 - -0.2 en -5 is omgekeerdes omdat -0.2 × -5 = 1 - 1 en -1 is hulle eie omgekeerdes omdat 1 × 1 = 1 en -1 × -1 = 1 - nul het nie 'n omgekeerde nie omdat geen getal maal nul gelyk is aan een nie
<urn:uuid:d37be269-9224-408a-9fe4-031762463829>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Omgekeerde
2019-07-21T13:45:35Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527000.10/warc/CC-MAIN-20190721123414-20190721145414-00408.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99885
false
21 September 2017 Koninkrykstyd Pinelands Prediker: Dr Tiana Bosman Teks Voorafgaande teks (19: 16-30) baie NB – die ryk jongman wat wil weet wat hy moet doen om die ewige lewe te verkry; Jesus se antwoord: Verkoop alles wat jy het en deel uit onder die armes, en Jesus se opmerking: Makliker vir ‘n kameel om deur die oog van ‘n naald te kom as vir ‘n ryke om in die koninkryk van God in te gaan. Slotwoorde: Baie wat eerste is, sal laaste wees, en wat laaste is, eerste. Dan, direk hierna, vertel Jesus vandag se gelykenis: 20: 1-16: Vs 4: Ek sal julle betaal wat regverdig is. 15: …of is jou oog boos omdat ek goed is? En dan die laaste vs: So die laastes sal eerste wees, en die eerstes laaste. (‘n Duidelike inclusio met die vorige gedeelte – let op die slot daar). Boodskap Inleiding: inklok en uitklokstelsel van die fabriekswerkers wat betaal word vir die ure diens gelewer. Input = output. Die wêreldse perspektief waarmee ons bekend is en waarbinne ons funksioneer. Dit is juis hierdie wêreldse perspektief wat die harde werkers in die gelykenis tot soveel ontsteltenis gelei het. In die koninkryk van die hemel gaan dit so… Eerste slaggat, om hierdie gelykenis te lees met ‘n toekomsperspektief, asof dit oor die eendag, die hiernamaals gaan. Ons weet mos al van beter. Ons het nou al herhaaldelik uit die evangelies geleer dat God se koninkryk op aarde aangebreek het met Jesus se koms, dat ons daarom geroep word om hierdie ryk op aarde sigbaar te maak, werklik te maak. Die bevoorregtes en rykes onder ons het dalk die luukse (en versoeking) om oor hierdie prentjie te droom asof dit nog nie vir nou bedoel is nie. (Droom is ook nie die regte woord nie. Dalk eerder van ‘n nagmerrie praat, want die meer bevoorregtes in die gelykenis hou juis nie van wat hier gebeur nie.) Diegene wat swaarkry het egter nie die luukse om hier ‘n toekomsvisie te sien en daarom tevrede te bly met die huidige stand van stand nie – hulle elke volgende dag hang af van of hierdie gelykenis die rykes laat droom oor die eendag of doen in die nou. Kom ons verwoord die inleiding so effe anders: Daar waar gelowiges aan God se koninkryk gestalte gee, gaan dit so: ‘n Boer gaan vroegoggend (6hr) uit om arbeiders vir sy wingerd te huur. Hy gaan na die straathoek waar al die werkloses saamdrom, almal mense op die broodlyn, almal in nood om werk te kry anders is daar nie vanaand kos op die tafel nie. (Destyds was dit die markplein.) Hulle stamp en stoot waarskynlik om voor te kom, om raakgesien te word. Maar daar is te veel werkloses en die boer kies net ‘n paar. Hy kom met hulle ooreen dat hy hulle elkeen een denarius sal betaal aan die einde van die dag. Dit is die gewone dagloon gewees – net mooi genoeg geld om vir nog ‘n dag in die behoeftes van die werker en sy gesin te voorsien. (Die ekonomie van die tyd het nie gewerk met opgaar nie, maar met genoeg hê vir elke dag.) Hulle is tevrede. Dis die betaling wat hulle gewoond was, dit was regverdig. 9 hr die oggend het die boer weer uitgegaan en nog werkers gesien wat ledig op die markplein rondstaan in die hoop dat iemand nog vir hulle werk sal gee. Hy nooi hulle ook om in sy wingerd te kom werk en hy onderneem om vir hulle te betaal wat regverdig is. So doen hy ook teen 12hr en weer teen 3hr die middag. Teen 5 uur gaan maak hy ‘n laaste draai op die markplein en daar staan sowaar nog werkers rond. Mans vir wie daar nie meer hoop is dat hulle nog die dag gehuur gaan word nie (die son gaan immers amper onder!), maar hulle het ook nie die moed om met leë hande terug te gaan huistoe nie. Want wat sê hulle vir hulle vrouens, wat sê hulle vir hulle kinders…? Hoe kyk hulle hulle in die oë? “Waarom staan julle die hele dag hier ledig rond?” “Omdat niemand ons gehuur het nie.” Let op – dis nie mense wat onwillig was om te werk nie! Inteendeel. Maar niemand wou hulle in hul werkskorps hê nie. Dalk was hulle nie goed genoeg nie – te jonk, te oud, nie sterk genoeg nie, die een of ander gebrek gehad? Miskien het hulle niks makeer nie, maar was die aanbod te groot vir die beskikbare werk – te veel werkers, te min werk. Ons weet nie. “Gaan julle ook na die wingerd toe,” sê hy vir hulle, “en gaan werk vir ‘n uur voordat die son heeltemal ondergaan. Met hierdie laastes maak die eienaar geen ooreenkoms oor wat hy hulle gaan betaal nie. Maar dis nie moeilik om die som te maak nie. As jy ‘n dagloon kry vir 12 ure se werk, dan kry jy ‘n fraksie daarvan vir 1 uur se werk. Dus nie naastenby genoeg vir die volgende dag se basiese behoeftes nie, maar jy gaan darem nie heeltemal leë-hand huistoe nie. Jy kan darem wys het hét probeer, en wie weet, werk jy hard sien die eienaar jou dalk raak en kies jou môre in die 6-vm groep. Uitkloktyd, 6nm, breek aan en die laastes word eerste betaal – een denarius, ‘n volle dagloon elk. Hulle moes totaal oorbluf gewees het. Die werkers wat in die ry staan en wag is opgewonde oor die verwikkelinge, want indien die laastes wat net 1 uur gewerk het ‘n volle dagloon ontvang, dan is daar van hulle wat 12 dae se werk se geld gaan ontvang! Maar nee, soos hulle verbykom kry elkeen ‘n een denarius muntstuk in die hand. Wat gaan hier aan? Dit is mos nie regverdig nie?! Ja dit lyk seker nie regverdig nie, maar dan hang dit af van watter kant af mens kyk. Is dit regverdig dat al die werkers van die oggend af al staan en wag vir werk, maar net sommiges word gekies? Is dit regverdig dat daar mense is wat 11 ure op ‘n dag moet staan en wag vir werk voordat iemand hulle raaksien? Is dit regverdig dat iemand kan en wil werk, maak nie saak wat hulle betaal word nie, maar daar is nie vir hulle werk nie? Is dit nie bitter ironies dat die enigste mense wat geïrriteerd raak met hierdie gelykenis diegene is wat nie werkloos is nie, wat nie nood het nie, die’s wat van vroegoggend al goed gevind is en kon inval, die wat reeds genoeg het om van te leef. Die harde daglange werkers wys nie hulle betaling van die hand nie, maar hulle gaan mor by die boer: “Hierdie laastes het 1 uur gewerk en u hanteer hulle asof hulle gelyk is aan (equal to) ons wat die hele dag in die son gewerk het.” “Vriend,” antwoord die boer vir een van hulle, “ek tree nie verkeerd/onregverdig op teen jou nie. Het ons dan nie ooreengekom op een denarius nie? Ek wil vir hierdie laaste een gee presies soos vir jou. Mag ek nie met my goed maak wat ek wil nie? Of is jou oog boos omdat ek goed is?” ‘n Paar opmerkings: 1.) Hierdie gelykenis gaan nie oor die verdienste of nie van jou saligheid nie. Soos in – party mense het vroeg in hulle lewe reeds tot bekering gekom en van toe af al “goeie werke” gedoen, maar ander het weer eers op hul sterfbed tot bekering gekom (die misdadiger aan die kruis). Maar maak nie saak in watter groep jy val nie. Solank jy net voor jou dood tot bekering kom dan is jy gered. Dis ‘n vergeesteliking van die gelykenis wat nie net ‘n verwronge teologie verkondig nie, maar ook die hele praktiese punt van die verhaal mis. Glo ons dan nie in die onverdienstelike genade nie? Glo ons dan nie dat dit die Here is wat ons red en nie ons goeie werke nie? Sê ons dan nie dit gaan nie oor meriete nie maar oor genade? Dit kan mos nie in die koninkryk van die hemel so wees dat mense vroegoggend of ten minste deur die dag (deur hull lewe) al moet inval en hulle moet afsloof in die diens van die Here, sodat Hy hulle aan die einde van die dag kan betaal vir wat hulle gedoen het nie?! Selfs al betaal Hy vir almal dieselfde bedrag. Selfs dan druis hierdie beskouing in teen die hart van die evangelie. Want as ons werklik in die genadige verlossing van God deur Jesus Christus alleen glo, dan kán ons nie sê dat God ons aan die einde van die dag gaan betaal nie, ongeag die bedrag. Dit is nie dat God die input-output stelsel gebruik maar Hy maak almal se output dieselfde nie. God gooi hierdie stelsel heeltemal weg! As die gelykenis nie hieroor gaan nie, waaroor dan? 2.) Anders as in ander gelykenisse lê die antwoord oor waaroor die gelykenis nou eintlik gaan in wese nie in die (eerste deel van die) antwoord van die boer nie (13-15), maar in die vraag van die werker. Sy fokus is nie op die hoeveelheid geld wat elkeen betaal is nie. Hy vra nie.: “ As u vir die laastes 1 denarius betaal, waarom betaal u nie vir die eerstes 12 nie?” Sy vraag lê dieper as dit: “Hierdie laastes het 1 uur gewerk en u hanteer hulle asof hulle gelyk is aan (equal to) ons wat die hele dag in die son gewerk het.” Die eerste werkers (die verdienstelikes) se probleem is dat die laatkommers hanteer word asof hulle nie laatkommers was nie. Hulle probleem is ten diepste dat die laatkommers dieselfde as/gelyk aan hulle hanteer word. 3.) Die gelykenis gaan oor die hier en nou. Elkeen van ons wat boere is of grondeienaars, eienaars van huise of kamers, eienaars van praktyke of besighede, almal van ons wat ryk genoeg is dat behoeftige mense dink dat ons hulle moontlik sal kan help… Hoe behandel jy die mense wat vir jou werk? Hoe behandel jy die mense wat vir jou wil werk, maar vir wie jy nie werk het nie? Wat van die mense vir wie jy nie werk wil gee nie, want dit beteken dat jy jou eie hoë lewenstandaard moet laat sak? Hoe behandel jy mense wat nie eens die moed het om te vra vir werk nie? Ons kan aan verskillende groepe mense dink. Suid-Afrikaners onder die broodlyn, maar oor Malawiërs en Zimbabwiërs wat uitgebuit word omdat hulle geen werkspermit of regte het nie. Ek hoor uit onlangse statistieke dat die krisis met seisoenswerkers nou nog erger gaan word weens die droogte in die Wes-Kaap – geen water, geen landerye, geen werk vir siesoenswerkers nie… Om maar een voorbeeld van ‘n werkerskorps te noem wat nie hul kinders aan die lewe kan hou nie. Die gelykenis stel twee soorte ekonomië teenoor mekaar: die ekonomie van regverdigheid (input-output) teenoor die ekonomie van behoefte (betaal iemand wat hulle nodig het om te kan leef). Diegene wat vroegoggend gehuur is het die werk gedoen waartoe hulle ingestem het en hulle is betaal wat hulle nodig gehad het vir die dag (en toevallig ook waarop hulle ooreengekom het). Diegene wat eers 5hr begin werk het, het ook die werk gedoen waartoe hulle ingestem het en hulle is ook betaal wat hulle nodig gehad het vir die dag. Die ekonomie van behoefte reflekteer ‘n mens-georiënteerde ekonomie. Dit, sê Jesus, is hoe dit binne die koninkryk van God werk. Dis so maklik om mense minder te betaal as wat hulle vir die dag nodig het. En onsself dan te verontskuldig met: “Ek het hom of haar betaal wat hy of sy verdien het vir die hoeveelheid ure gewerk. Ek is daarom altyd ‘n regverdige werkgewer. Ek behandel my werknemer regverdig” Die vraag is, is regverdig altyd reg? Volgens hierdie gelykenis nee… Nie wanneer ons met so ‘n kortsigtige visie van wat regverdig werklik beteken werk nie. Ons verontskuldig onsself graag en verklaar dat ons ons bes doen vir mense in nood. Maar is dit regtig waar? Ons vind redes waarom die armes arm is, waarom ons eie gemaklike lewenstandaard geregverdig is, waarom ons mekaar moet bly herinner dat mense kry ook maar net wat hulle verdien. Die kononkryk van God roep ons egter op om die waarde van die werker voorop te stel, en nie net die waarde van die werk gedoen nie. As ek vanoggend in Maitland moes preek uit dieselfde teks sou my invalshoek heeltemal anders wees. Hier praat ek met ons wat ryk is. Daar sou ek moes praat met hulle wat niks het nie, dikwels ook nie eens een uur se werk op ‘n dag nie… Wat sou ek vir hulle sê, 2000 jaar nadat die koninkryk van God reeds aangebreek het!? ‘n Spaans-Amerikaanse teoloog, Pablo Jiménez, skryf in 1997 ‘n aangrypende artikel oor hierdie gelykenis. Hy wou eers sê die gelykenis gaan oor die Gelyke Kanse Werkgewer. Maar toe besef hy hy is verkeerd. Dit gaan nie hier oor ‘n werkgewer wat alle mense (ongeag jou afkoms) ‘n gelyke kans gee nie. Dit is eerder die gelykenis oor die Regstellende Aksie Werkgewer. Hy skryf soos volg: As stated above, Hispanic hermeneutics departs from the social location of the Hispanic people in the United States. Therefore, it reads the text from the perspective of the “desempleados,” the unemployed Latinos who stand at intersections of busy streets, waiting for somebody to pass by and offer them twenty dollars in exchange for doing house or yard chores. It reads the text from the perspective of the “niñeras” and the “sirvientas,” Latinas who provide child care and housekeeping for the affluent. It reads the text from the perspective of the “braceros,” the migrant agricultural workers who travel from state to state, picking crops. It reads the text from the perspective of the “costureras,” Latinas who work all day sewing, sometimes at home and sometimes in a factory. It reads the text from the perspective of the “obreros,” the workers who provide cheap labor in construction and custodial jobs. In short, it approaches this particular text knowing that there are hundreds of thousands of Hispanics working in seasonal jobs; Latinos and Latinas who work today not knowing if they will have a paycheck tomorrow. A contextualized reading of a text demands a contextualized sermon. Therefore, when I imagine a sermon about this parable, the intended audience that comes to my mind is the congregation that has been my home church for the last five years: “El Aposento Alto” Christian Church (Disciples of Christ) in Forest Park, GA. This local church, which started out as a small Christian fellowship group some ten years ago, received its church building as a gift from an Anglo-European Disciples congregation that decided to dissolve itself. That congregation dwindled to just six members after the community became mostly African-American and Hispanic. Preaching the parable of the Laborers of the Vineyard at the Aposento Alto is not easy. There is Brother Jaime, who was left for dead in the desert by his “coyote” the first time he tried to cross the border. It took him a week to reach town, only to be deported by the “migra.” There is Brother Agustín, a construction worker. On several occasions he has worked for weeks at construction sites, only to have his bosses avoid paying him by calling the Immigration and Naturalization Service. There is Sister Ileana, whose job at the airport did not allow her to attend Sunday services for a year and a half. There is Sister Carmen, a mother of two who works the graveyard shift at Walmart. And there is Brother William, our pastor’s husband, who is of an age where he should be retired, but on Sundays puts on his uniform after the Lord’s Supper and runs to the Braves’ Turner Field Stadium where he works for the guest services division. It is not easy to preach this parable at the Aposento Alto because its members are the contemporary “obreros” of the vineyard. Their social location is so close to the social location of the text that they have a natural connection to the biblical story. The main topic of the sermon would be God’s love for the poor.19 The sermon would stress God’s love for all Hispanics—particularly for those who can be seen in cities like Austin and Los Angeles waiting by the street to be hired. It would also describe the clash between the values of human sociopolitical systems and the values of God’s reign. Such a sermon would be a hopeful proclamation of the gospel: God’s merciful acceptance of the excluded and the poor. A sermon like this may be titled “The Survival of the Weakest.” As ons ons beywer om aan hierdie koninkryk van God ‘n gesig te gee in die hier en nou, dan beteken dit dat ons sal meewerk aan die oorlewing van die swakstes in die samelewing. Dis waartoe ons geroep is. Die genade, liefde en barmhartigheid van God is met elkeen van julle. En mag die armes, wanneer hulle die moed bymekaarskraap op op te kyk en in julle oë te kyk, sal ervaar dat dit ook by hulle is. Kopiereg: Hierdie werk deur Dr Tiana Bosman word gelisensieer onder ‘n “Creative Commons Attribution-NonCommercial-NoDerivs 2.5 South Africa License”.
<urn:uuid:a0ea94ca-e74c-4b6f-a4a2-af783c2c5f0d>
CC-MAIN-2019-30
http://www.pinelandsngkerk.org/2017/09/
2019-07-22T20:26:36Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528220.95/warc/CC-MAIN-20190722201122-20190722223122-00008.warc.gz
by-nc-nd
2.5
a_tag
false
false
{ "abbr": [ "by-nc-nd", "by-nc-nd", "by-nc-nd", "by-nc-nd" ], "in_footer": [ false, false, false, false ], "in_head": [ false, false, false, false ], "location": [ "a_tag", "a_tag", "a_tag", "a_tag" ], "version": [ "2.5", "2.5", "2.5", "2.5" ] }
false
false
Latn
afr
0.99999
false
Clanwilliam-sandvis Clanwilliam-sandvis | |||||||||||||||||||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Bewaringstatus | |||||||||||||||||||||||||||| Wetenskaplike klassifikasie | |||||||||||||||||||||||||||| Binomiale naam | |||||||||||||||||||||||||||| Labeo seeberi (Gilchrist & Thompson, 1911) | Voorkoms[wysig | wysig bron] Die vis het 'n lang, slanke lyf en is bedek met klein skubbe. Daar is een paar baarde om die mond. Die vis is olyf-grys met 'n goudkleurige skynsel en wit aan die onderkant. Die vis word tot 355 mm lank en die Suid-Afrikaanse hengelrekord is 0.269 kg. Habitat[wysig | wysig bron] Die vis leef in die hoofstroom en groter sytakke; hulle verkies diep poele en diep gedeeltes van die rivier. Hulle voed op alge, detritus en klein ongewerweldes wat van rotse af gevreet word. Die vis word maklik waargeneem in die Olifantsrivier. Gedurende die lente en somer migreer hulle stroomop in skole om te broei. Die spesie is krities bedreigd en die bevolking het afgeneem weens damme wat die migrasietog tydens broeityd erg belemmer, watervloei wat verminder het en die impak van uitheemse spesies wat by Clanwilliam losgelaat is. Sien ook[wysig | wysig bron] - Alfabetiese lys van visse - Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name - Lys van varswater visfamilies - Lys van visfamilies Bron[wysig | wysig bron] - A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1
<urn:uuid:3783c853-b7b9-4980-b5a3-ffb472b8d304>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Clanwilliam-sandvis
2019-07-24T02:32:12Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530250.98/warc/CC-MAIN-20190724020454-20190724042454-00168.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.996746
true
Katoenplukker Die meganiese katoenplukker is 'n masjien wat katoen outomaties kan oes, op 'n manier wat oestyd verminder en vir maksimum doeltreffendheid sorg. GESHIEDENIS Katoen is oorspronklik met die hand geoes. In baie samelewings, soos Amerika, is gratis slawe-arbeid aangewend om katoen te pluk, met die verhoging van die plantasie-eienaar se winsmarges. Meganiese katoenpluk het prakties geword in 1944, toe International Harvester die eerste dosyn van hul suksesvolle kommersiële katoenplukkers vervaardig het. Konvensionele plukker[wysig | wysig bron] Die eerste plukkers was slegs in staat om een ry katoen op 'n slag te oes, maar was nog steeds in staat om tot veertig handarbeiders te vervang. Deesdae se katoenplukker is 'n selfaangedrewe masjien wat katoenpluis en saadkatoen van die plant verwyder tot en met ses rye op 'n keer. Daar is vandag twee tipes plukkers in gebruik. Die een is die "stripper"-plukker, hoofsaaklik in gebruik gevind in Texas en Arkansas. Dit verwyder nie net die pluis van die plant nie, maar ook 'n redelike deel van die ander plantdele (soos onoopgemaakte bolletjies). Later word die plantmateriaal geskei van die pluise deur 'n proses waar swaarder dele voor die pluise in die mandjie val op die agterkant van die plukker. Die ander tipe plukker is die "spindle"-plukker. Dit maak gebruik van rye van doringdraad skilde wat teen 'n hoë spoed draai en die saadkatoen van die plant verwyder. Die saadkatoen word dan verwyder uit die skilde deur'n teenroterende doffer en dan in die mandjie ingeblaas. Sodra die mandjie vol is, gooi die plukker die saadkatoen in 'n "modulebouer". Die modulebouer skep 'n kompakte "baksteen" van saadkatoen, wat ongeveer 21,000 lb weeg (16 gepakte bale), wat kan gestoor word in die veld of in die "oeserf" totdat dit gepak word. Elke gepakte baal weeg ongeveer 480 lb (218.2 kg). In ongeveer 2008 is die Case IH Module Express 625 ontwerp in samewerking met plukkers en produsente, om 'n katoenplukker te lewer met die vermoë om modules te bou terwyl daar geoes word.[1] 'n Bedryf-eksklusiewe aanboord ronde modulebouer is aangebied deur John Deere in 2007.[2] Verwysings[wysig | wysig bron] Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
<urn:uuid:06b8d16f-3c7c-4456-8b19-f2472f8ea952>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Katoenplukker
2019-07-24T02:52:40Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530250.98/warc/CC-MAIN-20190724020454-20190724042454-00168.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999977
false
Boekbronne Jump to navigation Jump to search Biblioteke Suid-Afrika: - Soek die boek in die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika se katalogus - Soek die boek in die SEALS Konsortium se biblioteek - Soek die boek in die Universiteit van Suid-Afrika se biblioteek - Soek die boek in die Universiteit van die Witwatersrand se biblioteek - Soek die boek in die Kaapse Hoër Onderwys Konsortium se biblioteek Wêreldwyd: - Soek die boek deur WorldCat in jou plaaslike biblioteek se katalogus Boekwinkels Suid-Afrika: Ander lande:
<urn:uuid:b42e3c4e-b8fb-48ec-8194-434c9e90b369>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Boekbronne/9781146612661
2019-07-24T02:40:57Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530250.98/warc/CC-MAIN-20190724020454-20190724042454-00168.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999935
false
Stella Blakemore Stella Blakemore (13 April 1906 – Mei 1991) was 'n populêre Suid-Afrikaanse skrywer wat Afrikaanse jeugboeke geskryf het.[1] Sy is veral bekend vir haar 'koshuis'-reekse en sy is onder meer die skrywer van die gewilde Maasdorp-reeks en Keurboslaan-reeks, laasgenoemde onder die skuinaam Theunis Krogh. Sy publiseer ook as Stella Owen, Annelise Bierman en Dien Grimbeek. Inhoud - 1 Lewe en werk - 2 Skryfwerk - 3 Publikasies - 4 Bronne Lewe en werk[wysig | wysig bron] Stella Blakemore is op 13 April 1906 in ’n tent in ’n hensoppersnedersetting naby Lindley in die Vrystaat gebore.[2] Haar pa speel op pad om die dokter vir die bevalling te gaan haal gou eers ’n potjie kaart en die dokter daag derhalwe op nadat Stella reeds gebore is.[3] Kort na haar geboorte moet hulle in groot haas ook die tent ontruim wanneer dit aan die brand raak.[3] Haar ma was Emma Krogh, ’n musiekonderwyseres,[4] en haar pa kaptein Percy Blakemore, ’n voormalige offisier in die Britse leër.[5] Haar ouers trou gedurende die Anglo-Boereoorlog, waarna haar ma in groot mate deur haar familie verwerp word. Haar oupa was Theunis Johannes Krogh, ondersekretaris van die Republikeinse administrasie van Binnelandse Sake van president Paul Kruger. Percy Blakemore verlaat sy vrou en kind wanneer Stella baie jonk is, om beroepskaartspeler in Engeland te word. Haar ma is een van die heel eerste aktrises in ’n rolprent in Suid-Afrika, wanneer sy die heldin vertolk in The Great Kimberley Diamond Robbery, vervaardig deur R.C.E. Nissen vir Rufe Naylor’s Springbok Film Company, wat op 11 Desember 1911 vir die eerste keer in Johannesburg vertoon is in die Tivoli-teater in die middag en die Orpheum-teater in die aand.[6] Stella is van jongs af op kosskool in Natal, maar in teenstelling met die wêreld wat sy in haar boeke skets, hou sy nie positiewe herinneringe van hierdie ervaring oor nie. Na haar skoolopleiding studeer sy verder in Durban, Pretoria en Johannesburg en verwerf dan ’n klavier- en sanglisensiaat aan die London Royal Academy of Music.[5] Sy studeer daarna opera aan die Dresden Operaskool in Duitsland onder leiding van Felix Petrenz, waar sy ook in verskeie operas optree, insluitende Faust, Fra Diavolo en Die Zauberflote. Sy studeer ook aan die konservatorium vir sang onder professor Klüge. Terwyl sy in Duitsland is, begin sy skryf en haar eerste werk is die toneelstukkie Die goue sleutel. In Januarie 1930 keer sy vir ses maande terug na Suid-Afrika vir ’n reeks konserte, waarna sy teruggaan Europa toe. In 1933 trou sy in Londen met die Wallieser David Owen, ’n siviele ingenieur.[7] Wanneer sy in 1934 ’n miskraam het, is sy vir ’n lang ruk siek. Na haar herstel keer sy in Mei 1935 terug na Suid-Afrika en neem gesamentlike beheer van haar moeder se musiekskool in Pretoria, naamlik Blakemore Studios. Haar man neem terselfdertyd ’n posisie in Swaziland op. Hy werk vir die Britse Koloniale Diens en word derhalwe vir periodes regoor Afrika gestuur. Stella is in hierdie tyd aktief betrokke by die kultuurlewe in Pretoria en woon die kunswedstryde, eisteddfods en musiekfeeste getrou by. Stella ervaar ’n verdere miskraam en in 1945 en weer in 1946 neem die egpaar daarna kinders aan van die Armstrong-Benin Tehuis in Pretoria, wat hulle onderskeidelik Peter en Salene noem. Die egpaar verhuis in 1947 na Kumasi in Ghana en woon ook in Nigerië, waarna hulle na Londen trek.[4] Hulle koop in 1954 ’n eeue-oue huis in Warrenpoint in Noord-Ierland, wat hulle permanente vesting word, alhoewel hulle weens haar man se werkomstandighede steeds baie reis. Ander lande waarin hulle bly is die Ivoorkus, Italië en Duitsland. Sy is ’n lid van die Royal Commonwealth Society en van die Women’s Institute in Ierland, laasgenoemde ’n vereniging van Katolieke en Protestantse vroue. Hoewel sy graag meer permanent sou wou terugkeer na Suid-Afrika, is dit nie moontlik nie weens haar man se werk en haar eie swak gesondheid. Sy besoek Suid-Afrika egter in 1974 en weer ’n paar keer daarna. In Mei 1991 is sy na ’n beroerte-aanval in Ierland oorlede.[8] Skryfwerk[wysig | wysig bron] Sy verwerf veral bekendheid onder haar eie naam met haar reeks oor die meisies van Maasdorp, asook die Keurboslaan-reeks vir seuns, wat sy onder haar oupa, Theunis Krogh, se naam skryf.[4] Hierdie reekse het ’n onuitwisbare indruk gemaak op die jeug van die tyd en beleef dan ook vele herdrukke. Die gewildheid daarvan geskied ten spyte van die paternalisme en stereotipe karakters en situasies waarmee die boeke geklee word, vermoedelik omdat die geromantiseerde en geïdealiseerde subkultuur daarin die verlangens en ideale van jong lesers aanspreek. Dit is onmiskenbaar verstrooiingslektuur, maar die waarde daarvan om jong Afrikaanse lesers aan die lees te kry, kan nie oorskat word nie. Dit is kosskoolverhale in navolging van die tradisionele Engelse kosskoolverhale soos onder andere die Nancy Drew-reeks. Maasdorp-reeks[wysig | wysig bron] In die Maasdorp-reeks[9] is die rabbedoe Kobie Malan die hoofkarakter. Sy is lid van die groot Malan-gesin wat in Oranjezicht aan die voet van Tafelberg in Kaapstad woon. Saam met haar vriendinne (veral die Drie Musketiers) beleef sy verskeie avonture in die koshuis van Maasdorp Meisieskool.[10] Die meisies van Maasdorp stel vir Kobie en die ander karakters, wat vir hope opwinding in die reeks sorg, aan die leser voor. Elsabe van den Heever, wat deur haar ouderwetse tante grootgemaak is, moet haar eie plek in die skool tussen die onnutsige Maasdorpers vind. Die jongste meisie in Maasdorpskool is die bedorwe klein Breggie Landsberg, wat haar streke met byna rampspoedige gevolge uithaal. Kobie met haar goue krulle veroorsaak ook gereeld vir die onderwyseresse hoofbrekens. In Kobie regeer neem Kobie haar twee susters onder hande. In Kobie en die wonderkind ontmoet die Maasdorpers die brose Carla Willemse, wat as die violiste Olga Willowitch internasionale roem verwerf het. Op vyftienjarige leeftyd is sy bekend met konsertverhoë, terwyl sy van ’n normale kindertyd niks weet nie. Kobie Malan, self ’n begaafde pianiste, neem haar onder haar vlerk en sodra sy uitvind wie hierdie nuweling is, begin dinge gebeur. Kobie en die wonderkind word in Nederlands vertaal as Kobie en het wonderkind. Allegra op Maasdorp is die verhaal van ’n pragtige maar nukkerige weeskind wat onder ongelukkige omstandighede haar vorige skool verlaat het. Kobie, Breggie en Heloise maak ’n opwindende verskil aan haar lewe. Maasdorp se drie musketiers volg op die kattekwaad wat in Allegra op Maasdorp beskryf word. Heloise se ma verbied haar om ooit weer iets met Breggie te doen te hê. Kobie het ’n briljante plan: Breggie en Heloise mag maats bly, op voorwaarde dat die voorbeeldige, onberispelike Daniela altyd teenwoordig is. ’n Onheilige alliansie is die onvermydelike gevolg. Ontgroening op Maasdorp begin met ’n krisis, want Matrone het onverwags bedank en haar bloedjong opvolger, juffrou Hoedemann, se streng en ongenaakbare houding maak haar ongewild by die leerlinge en vererger sake aansienlik. Bieks, die nuwe hoofmeisie, slaag nie daarin om na behore orde te handhaaf nie en die skoolgebou word byna deur ’n brand vernietig. Een van die leerlinge word beskuldig dat sy die brand laat ontstaan het, terwyl ’n ander een byna daarin omkom. Wanneer sake dreig om in algehele chaos te ontaard, toon die Maasdorpers egter hul staal. In Nukke op Maasdorp neem die leser afskeid van Kobie Malan, nou mevrou De Villiers, die skoolhoof Elsabe van den Heever, die goedige Maria Teubes, en al die Malan-niggies, vriendinne en bekendes. Magda Vorster is nou hoofmeisie, met Lalage Engelbrecht as haar regterhand. Keurboslaan-reeks[wysig | wysig bron] Die Keurboslaan-reeks is die manlike teenvoeter vir die Maasdorp-reeks, maar albei reekse word gretig deur albei geslagte gelees. Hierin is die jong doktor Roelof Serfontein die hoofkarakter, wat ’n sukkelende privaat skooltjie uitbou tot die eksklusiewe Keurboslaan Seunskool. Doktor Serfontein is Die hoof van Keurboslaan. Hy het te kampe met die berugte Jan Fiskaal, ’n gemaskerde ruiter in swart wat Keurboslaan op horings neem en roof en plunder en verwoesting saai. Met behulp van kaptein Alwyn slaag doktor Serfontein om hom te ontmasker. Flip Venter is ’n nuwe seun wat uit die stad wegvlug en onder ’n vals naam op Keurboslaan aanland, waar hy ’n persoonlikheidsverandering ondergaan. Nuwelinge op Keurboslaan beskryf die nuwe kinders wat Keurboslaan lok, uit vooraanstaande huise maar ook verstotenes wat nêrens anders tuis is nie. Wentzel Elzenach is ’n weeskind wat liggaamlik en geestelik verwaarloos is en besonder baie aandag nodig het; Tonie Wilke is ook ’n weeskind, maar sy spontaneïteit maak hom gou baie gewild; die twee Spauldings kan vlot Engels, Duits en Russies praat maar glad nie Afrikaans nie; terwyl Tessa die hoof se eie niggie is wat dinge hier kom deurmekaarkrap. Raaisels op Keurboslaan vertel van verskeie mense met hulle eie agendas. Dora Jonkers was jare gelede verloof aan die hoof en voer nou ’n vete teen hom, maar dan word haar seuntjie Gawie ontvoer. Die beroemde rolprentster Robert Markham los heelwat probleme vir die Keurboslaners op. Olga Betts leef in die skadu van haar ongelukkige verlede, terwyl die kreupel Greaves mense koelbloedig afpers. In Kaptein Richard is Richard Serfontein, die hoof se oudste seun, die hoofprefek van Keurboslaanskool. Dis nie ’n maklike taak nie, omdat hy as die hoof se seun in geen enkele opsig deur die seuns as onregverdig bestempel wil word nie. Hy is die skakel tussen die seuns en die hoof en nie tussen die skool en sy pa nie. Soms is die hoof, in sy soeke na onpartydigheid, selfs tot ’n mate onredelik. Die hoof is hierdie keer verantwoordelik vir ’n stap wat dit vir Richard baie moeilik maak om skoolsake in die regte koers te stuur. Dr. Serfontein het naamlik besluit om vier seuns tot die skool toe te laat wat weens wangedrag deur die owerheid in ’n spesiale inrigting geplaas is. Die hoof is oortuig dat die seuns in die regte atmosfeer en onder goeie toesig tot waardige burgers van die land gemaak kan word. Die seuns en ook hul onderwysers is egter baie bang dat die eksperiment nadelig kan wees vir die goeie naam van die skool. Kaptein Richard word met die moeilike taak belas om die regte verhouding tussen die nuwelinge en die ander te handhaaf. Misverstand op Keurboslaan het ’n hele aantal misverstande as tema. Doktor Serfontein se sekretaresse hoor ’n vertroulike stukkie inligting, maar die persoon aan wie sy dit vertel, interpreteer dit verkeerd en gou versprei die gerug dat hy nie veel langer gaan leef nie. By die huis kom daar verwydering tussen doktor Serfontein en sy gesin wanneer die geskiedkundige boek wat hy skryf hom so besig hou dat hy hulle verwaarloos. Sy seun Josef wil hom help, maar hulle kan mekaar nie vind nie en na ’n aantal flaters besluit Josef om Keurboslaan te verlaat. Die hoof tree egter nou beslissend op. In Kultuur op Keurboslaan het dr. Roelof Serfontein hom so verdiep in ’n groot geskiedkundige werk wat hy skryf dat hy glad nie meer bewus is van wat om hom aangaan nie. Vir Keurboslaan, waar hy die onmisbare spil is om wie alles draai, het dit byna rampspoedige gevolge. Die toestand ontwikkel tot ’n ware krisis toe die seuns stad toe moet gaan om aan die jaarlikse kultuurfees deel te neem en op hulle eerste nag daar in ontstellende gebeurtenisse betrokke is. Die Ongenooide gaste op Keurboslaan is ’n groep hippies wat kamp opslaan in die berge net buite die dorp en hulle het nie ’n goeie invloed op die dorpsbewoners nie. Die leerling Loggenberg se jonger broer is egter by hierdie groep en hulle weduwee-moeder, wat as assistente by een van die koshuise aangestel is, voorsien hulle elke aand stilletjies van kos. Dinge word op ’n spits gedryf wanneer daar een aand op Richard Serfontein en sy vriendin Amanda geskiet word. Blourand-reeks[wysig | wysig bron] Die Blourand-reeks jeugboeke speel af binne ’n eksklusiewe plattelandse meisieskool, met soortgelyke intriges as in die skrywer se ander reekse.[5] In Drie klontjies op Blourand skryf drie vindingryke weeskinders byvoorbeeld wederregtelik by hierdie eksklusiewe skool in, wat almal se kaarte deurmekaar krap. Rissies-reeks[wysig | wysig bron] Sy skryf die Rissies-reeks onder die skuilnaam Dien Grimbeek. Die vier Rissik-rooikopmeisies se ma is oorlede en hulle word deur hulle ouma op die plaas versorg, waar hulle hoofsaaklik in speuravonture betrokke raak. In Die Rissies en die bure klim hulle maat Hennie Duvenage ongedeerd op hulle buurman, mnr. Borcherd, se vragmotor. Hy hou nooit stil nie, maar kom heeltemal bewusteloos van ’n lelike wond by die polisiestasie aan. Niemand kan dit begryp nie, maar voordat die geheim uitkom word die Rissies en mnr. Borcherd kwaaivriende met almal Ander jeugromans[wysig | wysig bron] Sy skryf ook ’n paar enkel jeugromans. Elfie, Apie en Carolus is die verhaal van ’n weeskind wat by ’n sirkus beland en deur Jobo die nar ondersteun word. In Stryd om Peta is Delareyskool ’n eksklusiewe meisieskool op die platteland en Peta is ’n dogter van die onderdorp wat nie die voorreg het om hierdie skool by te woon nie. Sy maak dan vriende met een van die leerlinge by die skool. Vorm II op Delarey is ’n vervolg hierop. Ander skuilname wat sy gebruik is Stella Owen en Annelise Bierman. As Stella Owen skryf sy Katrientjie (wat ook in Zoeloe vertaal word) en Verpleegsters is altyd die ergstes en as Annelise Bierman skryf sy Die swaard. Kindertoneelstukke[wysig | wysig bron] Van haar verskyn ook die kindertoneelstukkies Die goue sleutel, Eerste April en ’n Wedstryd in droomland en die operette in een bedryf vir kinders, Die toweruur. Engelse Drama[wysig | wysig bron] Publikasies[wysig | wysig bron] Annelise Bierman[wysig | wysig bron] - 1938: Die swaard Stella Blakemore[11][wysig | wysig bron] Nie-reeks boeke[wysig | wysig bron] - Die goue sleutel, 1931 - Die toweruur,1932 - ’n Wedstryd in Droomland,1934 - Eerste April, 1934 - Die familie Karelse, 1938 - Die kuns van Janse Cloete, 1945 - Elfie, Apie en Carolus, 1946 - Stryd om Peta, 1948 - Vorm II op Delarey, 1948 - Die wilde Raubenheimers, 1948 - Die erfporsie van Janse Cloete,1949 Die Maasdorp-reeks[wysig | wysig bron] - Die meisies van Maasdorp, 1932 - Die jongste meisie in Maasdorp-Skool, 1932 - Kobie regeer, 1935 - Kobie en die wonderkind, 1939 - Allegra op Maasdorp, 1942 - Maasdorp se drie musketiers, 1943 - Maasdorp se nuwe onderwyseres, 1946 - Hoofmeisie Kobie, 1947 - Kobie gaan verder, 1951 - Juffrou Kobie, 1953 - Jongspan op Maasdorp, 1955 - Niggies op Maasdorp, 1956 - Maasdorp se redaktrises, 1957 - Maters op Maasdorp, 1961 - Maltrappe op Maasdorp, 1961 - Nukke op Maasdorp, 1965 - Ontgroening op Maasdorp, 1972 - Lalage op Maasdorp, 1974 Die Blourand-reeks[wysig | wysig bron] - Ses kamermaats op Blourand, 1944 - Judith op Blourand, 1945 - Drie klontjies op Blourand, 1950 Dien Grimbeek[wysig | wysig bron] Die Rissies-reeks[wysig | wysig bron] - Die Rissies en die masels, 1960 - Die Rissies in die stad, 1960 - Die Rissies en die kersboom, 1960 - Die Rissies en die bure, 1960 Theunis Krogh[wysig | wysig bron] Die Keurboslaan-reeks[wysig | wysig bron] - Die hoof van Keurboslaan, 1940 - Keurboslaan se peetvaders, 1942 - Avonture op Keurboslaan, 1942 - Die kroon van Keurboslaan, 1943 - Twee nuwe seuns op Keurboslaan, 1944 - Jong doktor Serfontein, 1945 - Die Serfontein-kinders, 1946 - Spanning op Keurboslaan, 1947 - Raaisels op Keurboslaan, 1947 - Keurboslaan se eerste kaptein, 1948 - Keurboslaan se struikrower, 1948 - Keurboslaan stuur speurders, 1948 - Moleste op Keurboslaan, 1949 - Kaptein Richard, 1956 - Gevare op Keurboslaan, 1956 - Rugby op Keurboslaan, 1956 - Die kroon van Keurboslaan, 1959 - Misverstand op Keurboslaan, 1959 - ’n Sukkelaar op Keurboslaan, 1959 - Kultuur op Keurboslaan, 1961 - Oorwinning vir Keurboslaan, 1966 - Geheime op Keurboslaan, 1974 - Krisis op Keurboslaan, 1974 - Ongenooide gaste op Keurboslaan, 1974 Stella Owen[wysig | wysig bron] - Katrientjie, 1939 - Verpleegsters is altyd die ergstes, 1941 Bronne[wysig | wysig bron] Boeke[wysig | wysig bron] - Kannemeyer, J.C. Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 1. Academica, Pretoria en Kaapstad Tweede druk 1984 - Nienaber, P.J. Hier is ons skrywers!. Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Eerste uitgawe 1949 - Nienaber, P.J,; Senekal, J.H en Bothma, T.C. Mylpale in die geskiedenis van die Afrikaanse letterkunde Afrikaanse Pers-Boekhandel Tweede hersiene uitgawe 1963 - Nienaber, P.J. et al. Perspektief en Profiel. Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Derde hersiene uitgawe 1969 - Van Biljon, Madeleine. Geliefde leesgoed. Quellerie-Uitgewers Edms. Bpk. Kaapstad Eerste uitgawe 1996 - Wybenga, Gretel en Snyman, Maritha (reds.) Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom. Lapa-Uitgewers Eerste uitgawe Tweede druk 2005 Tydskrifte en koerante[wysig | wysig bron] - Booyens, Hannelie. Homo-erotiese subteks in Maasdorp-reeks. Rapport, 15 Augustus 2004 - Dick, Jomarié; Booyens, Susan en Booyens, Hannelie. Maasdorp se ma. Insig, Julie 2001 - Du Plessis, Irma. Kan Keurboslaan nog werk? Rapport, 7 Februarie 2010 - Le Roux, Marina. Stella Blakemore het die Afrikaanse kind laat léés. Die Burger, 15 Junie 1991 Internet[wysig | wysig bron] - Booyens, Hannelie Rapport: http://220.127.116.11/argief/berigte/rapport/2004/08/15/R1/17/01.html - Le Roux, Marina Die Burger: http://m24arg02.naspers.com/argief/berigte/dieburger/1991/06/15/6/2.html Ongepubliseerde dokumente[wysig | wysig bron] - Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) Bloemfontein. Blakemore, Stella. Biografie. Verwysings[wysig | wysig bron] - "Author Focus: Stella Blakemore: Biographical info". Kwela Books. Besoek op 27 Februarie 2010. - Du Plessis, Irma. Crafting popular imaginaries: Stella Blakemore and Afrikaner nationalism. M.A.-verhandeling Universiteit van Pretoria Desember 2002 - Du Toit, André. Die Vaderland, 28 Julie 1972 - NB-Uitgewers: http://www.nb.co.za/authors/2462 - Storiewerf: http://www.storiewerf.co.za/cvs/cv_stellablakemore_ph.htm - Esat: http://esat.sun.ac.za/index.php/Emma_Krogh - Esat: http://esat.sun.ac.za/index.php/Stella_Blakemore - Anoniem. Stella Blakemore oorlede. Die Burger, 5 Junie 1991 - Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Blakemore,_Stella - Du Plooy, Tilana Onse Angeltjie: http://www.nmmu.ac.za/onseangeltjie/maas.htm - OCLC Classify: http://classify.oclc.org/classify2/ClassifyDemo?search-author-txt=Blakemore,%20Stella,%201906-1991
<urn:uuid:fa280fd6-27df-4f29-b4cb-f77017677b7a>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Stella_Blakemore
2019-07-24T02:38:18Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530250.98/warc/CC-MAIN-20190724020454-20190724042454-00168.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999987
false
Kategorie:Liedartikels sonder liedskrywers Hierdie is 'n versteekte kategorie Dit kategoriseer bladsye vir administratiewe doeleindes. Dit vorm nie deel van die ensiklopedie nie. | This category is for articles about songs where the article is missing the songwriters, because it has not been researched, noted in the relevant article, or available in a reliable source. If the songwriter is never likely to be known (e.g. for historical works), please use Category:Songwriter unknown. Hierdie kategorie bevat geen bladsye of media nie.
<urn:uuid:f8a74f9f-59ec-4aff-a4d7-54862641acfe>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Liedartikels_sonder_liedskrywers?from=Et
2019-07-17T18:56:05Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525374.43/warc/CC-MAIN-20190717181736-20190717203736-00512.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.909397
false
Amélie Mauresmo Amélie Mauresmo in Junie 2014 | || Volle naam | Amélie Simone Mauresmo | | ---|---|---| Land | Frankryk | | Woonplek | Genève, Switserland | | Geboortedatum | 5 Julie 1979 | | Geboorteplek | Saint-Germain-en-Laye, Frankryk | | Lengte | 1,75 m | | Gewig | 69 kg | | Begin professioneel | 1993 | | Afgetree | 3 Desember 2009 | | Spelstyl | Regshandig (eenhandig handrughou) | | Loopbaan-wengeld | $15 022 476 | | Amptelike webblad | ameliemauresmo.fr | | Enkelspel | || Loopbaanrekord | 545–227 (70,65%) | | Loopbaantitels | 25 (2 ITF) | | Hoogste rang | No. 1 (13 September 2004) | | Grand Slam-uitslae | || Australiese Ope | W (2006) | | Franse Ope | KE (2003, 2004) | | Wimbledon | W (2006) | | VSA-Ope | HE (2002, 2006) | | Dubbelspel | || Loopbaan-rekord | 92–62 | | Loopbaantitels | 3 (2 ITF) | | Hoogste rang | No. 29 (26 Junie 2006) | | Australiese Ope | KE (1999) | | Franse Ope | 2R (1997, 1998) | | Wimbledon | E (2005) | | VSA-Ope | 3R (1999) | | Laaste opgedateer op: 3 Desember 2009. | Mauresmo het twee Grand Slam-titels by die Australiese Ope en Wimbledon gewen, en het ook 'n silwermedalje by die Olimpiese Somerspele 2004 ingepalm. Sy was in 2006 vir 34 weke die nommer een tennisspeler op die WTA-ranglys. Mauresmo was van Junie 2014 tot Mei 2016 die afrigter van Andy Murray. Grand Slam-rekord[wysig | wysig bron] Die tabel toon Mauresmo haar prestasie tydens elk van die Grand Slam-toernooie in vroueenkels waaraan sy deelgeneem het: Jaar | Australiese Ope | Franse Ope | Wimbledon | VSA Ope | ---|---|---|---|---| 1995 | Nie deelgeneem nie | Rondte 1 | Nie deelgeneem nie | Nie deelgeneem nie | 1996 | Nie gekwalifiseer nie | Rondte 2 | Nie deelgeneem nie | Nie deelgeneem nie | 1997 | Nie gekwalifiseer nie | Rondte 2 | Nie gekwalifiseer nie | Nie deelgeneem nie | 1998 | Rondte 3 | Rondte 1 | Rondte 2 | Rondte 3 | 1999 | Eindstryd | Rondte 2 | Nie deelgeneem nie | Rondte 4 | 2000 | Rondte 2 | Rondte 4 | Rondte 1 | Nie deelgeneem nie | 2001 | Rondte 4 | Rondte 1 | Rondte 3 | Kwarteindstryd | 2002 | Kwarteindstryd | Rondte 4 | Halfeindstryd | Halfeindstryd | 2003 | Nie deelgeneem nie | Kwarteindstryd | Nie deelgeneem nie | Kwarteindstryd | 2004 | Kwarteindstryd | Kwarteindstryd | Halfeindstryd | Kwarteindstryd | 2005 | Kwarteindstryd | Rondte 3 | Halfeindstryd | Kwarteindstryd | 2006 | Wenner | Rondte 4 | Wenner | Halfeindstryd | 2007 | Rondte 4 | Rondte 3 | Rondte 4 | Nie deelgeneem nie | 2008 | Rondte 3 | Rondte 2 | Rondte 3 | Rondte 4 | 2008 | Rondte 3 | Rondte 1 | Rondte 4 | Rondte 2 |
<urn:uuid:cd91315f-415e-4141-993d-cfdb8340bc4c>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Am%C3%A9lie_Mauresmo
2019-07-19T02:36:12Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525973.56/warc/CC-MAIN-20190719012046-20190719034046-00112.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.944689
false
Kategorie:Wikipedia-artikels met SELIBR-identifiseerders Jump to navigation Jump to search (vorige bladsy) (volgende bladsy) Vir meer inligting, sien Wikipedia:Gesagbeheer. Hierdie is 'n versteekte kategorie Dit kategoriseer bladsye vir administratiewe doeleindes. Dit vorm nie deel van die ensiklopedie nie. | Bladsye in kategorie "Wikipedia-artikels met SELIBR-identifiseerders" Die volgende 200 bladsye is in hierdie kategorie, uit 'n totaal van 2 525. (vorige bladsy) (volgende bladsy)L - Le Corbusier - Ursula K. Le Guin - Jean-Marie Le Pen - Francois le Vaillant - Bruce Lee - Gypsy Rose Lee - Harper Lee - Peggy Lee - Robert E. Lee - Spike Lee - Sheridan Le Fanu - Johann Georg Christian Lehmann - Gottfried Wilhelm Leibniz - Janet Leigh - Stanisław Lem - Lemmy - Wladimir Lenin - John Lennon - Jay Leno - Lotte Lenya - Leo III die Isauriër - Leo VI van Bisantium - Leopold I, Heilige Romeinse Keiser - Leopold II van België - Leopold II, Heilige Romeinse Keiser - Leopold III van België - Michail Lermontof - Lesbos - Doris Lessing - Paul von Lettow-Vorbeck - Emmanuel Levinas - James Levine - Claude Lévi-Strauss - C.S. Lewis - Jerry Lewis - John Frederic Lewis - Lhasa - Li Bai - Liberace - Libreville - Hinrich Lichtenstein - B. H. Liddell Hart - Jonas Lie - Sophus Lie - Trygve Lie - Justus von Liebig - Ligurië - Lilongwe - Lin Biao - Charles Lindbergh - Viveca Lindfors - Astrid Lindgren - Carolus Linnaeus - Hans Ferdinand Linskens - Lionel Messi - Joseph Lister - Alexander Litvinenko - David Livingstone - Lobet Gott in seinen Reichen, BWV 11 - John Locke - Lodewyk IX van Frankryk - Lodewyk XIII van Frankryk - Lodewyk XIV van Frankryk - Lodewyk die Vrome - Lodewyk II van Italië - Lodewyk XVI van Frankryk - Joeri Loezjkof - Petrus Lombardus - Michail Lomonosof - Jack London - Adolf Loos - Mary Loos - Pilar Lorengar - Lotarius I - Louis Andriessen - Louvre - Bessie Love - Courtney Love - Ada Lovelace - Linda Lovelace - Myrna Loy - Lu Xun - Cywia Lubetkin - George Lucas - Matt Lucas - Luciano Berio - Lucius Annaeus Seneca - Lucretius - Luiz Inácio Lula da Silva - Patrice Lumumba - Lusaka - Martin Luther - Albert Luthuli - Witold Lutosławski - Luxemburg - Rosa Luxemburg - John Lydon - David Lynch - Jean-François Lyotard - Léo Delibes M - George Macartney - Ernst Mach - Niccolò Machiavelli - Fritz Machlup - Charles Rennie Mackintosh - Shirley MacLaine - Harold Macmillan - Madagaskar - Madonna - Madrid - Ferdinand Magellaan - Veronica Maggio - Albertus Magnus - Magnus Magnusson - Naguib Mahfouz - Gustav Mahler - Maimonides - Wladimir Majakofski - William Makepeace Thackeray - Maksim Gorki - Maksimiliaan I - Maksimiliaan I van Meksiko - Malcolm (Henry) Arnold - Maleagi - Maleisië - Julius Malema - Mali - Malta - Manchester United - Nelson Mandela - Benoît Mandelbrot - Mando Diao - Édouard Manet - Manetho - Henning Mankell - Golo Mann - Thomas Mann - Karl Mannheim - Jayne Mansfield - Andrea Mantegna - Saadat Hasan Manto - Mao Zedong - Diego Maradona - Guglielmo Marconi - Marcus Annaeus Seneca - Margaret Bourke-White - Margaret Mitchell - Margrethe I van Denemarke - Margrethe II van Denemarke - Maria - Maria I van Engeland - Maria I van Skotland - Maria II van Engeland - Maria van Boergondië - Marita van der Vyver - Markus Aurelius - Bob Marley - Marokko - Daniel Marot - Abbas Maroufi - Martialis - Dean Martin - George R. R. Martin - Steve Martin - Lee Marvin - Groucho Marx - Harpo Marx - Karl Marx - Mary Renault - Maryland - Maseru - Léonide Massine - Henri Matisse - Matsuo Basho - Matthias (HRR) - Matthias Claudius - Guy de Maupassant - Maurice Ravel - Mauricius van Bisantium - Mauritius - Johan Maurits - Valerius Maximus - Maxwell Anderson - James Clerk Maxwell - Karl May - Govan Mbeki - Thabo Mbeki - John McCain - Cormac McCarthy - Ian McEwan - Colin McGinn - Phil McGraw - Steve McQueen - Lorenzo de' Medici - Nikolai Medtner - Dmitri Medwedef - Meester Eckhart - Mehmet II - Dmitri Mendelejef - Felix Mendelssohn
<urn:uuid:bbd255bc-7cbb-49d1-b3ee-5526756492da>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Wikipedia-artikels_met_SELIBR-identifiseerders?from=Lc
2019-07-19T02:35:19Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525973.56/warc/CC-MAIN-20190719012046-20190719034046-00112.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.69272
false
Lawrence Kohlberg Lawrence Kohlberg | | Gebore | 25 Oktober 1927 Bronxville, New York | ---|---| Oorlede | 19 Januarie 1987 (op 59) Winthrop, Massachusetts | Nasionaliteit | Verenigde State | Vakgebied | Sielkunde | Alma mater | Universiteit van Chicago (verdien baccalaureusgraad in een jaar) | Bekend vir | Lawrence Kohlberg se fases van morele ontwikkeling | Lawrence Kohlberg (1927-1987), was ‘n Amerikaanse sielkundige, bekend vir sy teorie oor die stadiums van morele ontwikkeling. Lawrence Kohlberg (1958), het saam met Jean Piaget (1932) se teorie van morele ontwikkeling gestem, maar hy wou sy idees verder ontwikkel. Hy het Piaget se storie vertelling tegniek om vir mense stories oor morele dilemas te vertel gebruik. Hy het telkens ‘n keuse gestel tussen bv. die regte van ‘n sekere outoriteit en die behoeftes van ‘n verdienstlike individu wat onregverdig behandel word. Kohlberg se vlakke van morele ontwikkeling: - Vlak 1: Pre-konvensionele moraliteit, op 9 jaar en jonger, het ‘n mens nie ‘n persoonlike kode van moraliteit nie, maar dit word eerder gevorm deur die standaard van volwassenes en die gevolge van die onderhouding of verbreking van die reëls. Outoriteit is buite die individu en redenasie is gebasseer op die fisiese gevolge van aksie. - Stadium 1: Gehoorsaamheid en straf oriëntasie - Stadium 2: Individualisasie en uitruiling, verskeie individue het verskillende sienswyses oor wat reg en verkeerd is. - Vlak 2: Konvensionele moraliteit, meestal tieners en volwassenes, begin hul moraliteit internaliseer volgens die standaard van rol modelle. Outoriteit word geinternaliseer maar nie bevraagteken nie en redenasie is gebaseer op die norme van die groep waaraan die persoon behoort. - Stadium 3: Goeie interpersoonlike verhoudings, goedkeuring van die medemens. - Stadium 4: Onderhou die sosiale orde, raak bewus van die wyer reëls van die gemeenskap en onderhou dit. - Vlak 3: Post-konvensionele moraliteit, is gewoonlik die vlak wat nie almal eers bereik nie. Slegs 10-15% kan verby vlak 4 gaan want hiervandaan word meer abstrakte denke vereis. - Stadium 5: Sosiale kontrak en individuele regte, waar dit belangrik is om regte ten opsigte van lewe op ‘n hoër vlak te plaas as ander minder ernstige sake. - Stadium 6: Universele beginsels, mense ontwikkel hul eie morele standaarde wat by die wet kan pas of nie. Mense werk somtyds teen die gemeenskap om hul eie standaard te bereik. Min mense bereik hierdie vlak volgens Kohlberg. Kritiese evaluasie: Probleme met Kohlberg se metode: - Die dilemmas is nagemaak, meeste dilemmas is onbekend aan meeste mense. ‘n Besluit moet geneem word oor ‘n sekere voorbeeld wat gestel is, deur jong kinders tussen 10 tot 16 oor iets waaroor hulle nog nie ondervinding het nie. - Voorbeeld gebasseer op vooroordeling, want die voorbeeld gaan ‘n reaksie by mans uitlok wat sal verskil van die van ‘n vrou. - Die voorbeeld is hipoteties want dit is nie ‘n ware situasies nie, en mense is geneig om ‘n gemaklike antwoord te gee uit jou gedagte wat sal verskil van die werklikheid. - Gebroke navorsing ontwerp, kinders uit verskillende ouderdoms groepe en areas was getoets, maar dit is nie te sê dat hulle standpunt oraloor dieselfde sal wees by kinders nie. Probleme met Kohlberg se teorie: - Is daar vasgestelde vlakke van morele ontwikkeling, of sal daar variasies wees? - Vergelyk morele oordeel met morele gedrag, al dan nie? - Is oordeel die mees fundamentele beginsel, of moet ander dinge in die omgewing asook die waarde van lewe in aanmerking gebring word?
<urn:uuid:3620069f-8b41-46a9-9d32-7873b104ad92>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Lawrence_Kohlberg
2019-07-19T02:43:56Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525973.56/warc/CC-MAIN-20190719012046-20190719034046-00112.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999959
false
Westelike kusreier Westelike kusreier | |||||||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Bewaringstatus | |||||||||||||||| Wetenskaplike klassifikasie | |||||||||||||||| Binomiale naam | |||||||||||||||| Egretta gularis (Bosc, 1792) | |||||||||||||||| Verspreiding c Die Westelike kusreier (Egretta gularis) is 'n voël en swerwer wat selde in Suid-Afrika voorkom. Die voël is 56 – 66 cm groot en weeg 350 - 500 g. Hulle kom natuurlik voor in aan die tropiese kuste van Wes- en Oos-Afrika. Een voël is opgeteken in Kaapstad. In Engels staan die voël bekend as Western reef heron. Sien ook[wysig | wysig bron] Wikimedia Commons bevat media in verband met Egretta gularis. | - Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls - Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) - Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name Bron[wysig | wysig bron] Verwysings[wysig | wysig bron] - BirdLife International (2012). "Egretta gularis". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 April 2013.
<urn:uuid:e375f527-ab78-4b2b-923e-46afe9e0b6ef>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Westelike_kusreier
2019-07-19T02:20:29Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525973.56/warc/CC-MAIN-20190719012046-20190719034046-00112.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.997228
false
Bespreking:Heard- en McDonaldeilande Jump to navigation Jump to search Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Heard- en McDonaldeilande-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. | Artikelriglyne Daaglikse bladtrekke | |
<urn:uuid:a02ce186-09ce-403c-8eca-f3f91ef500ae>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Heard-_en_McDonaldeilande
2019-07-24T02:43:11Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530250.98/warc/CC-MAIN-20190724020454-20190724042454-00192.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999949
false
Kategorie:Liedartikels sonder liedskrywers Hierdie is 'n versteekte kategorie Dit kategoriseer bladsye vir administratiewe doeleindes. Dit vorm nie deel van die ensiklopedie nie. | This category is for articles about songs where the article is missing the songwriters, because it has not been researched, noted in the relevant article, or available in a reliable source. If the songwriter is never likely to be known (e.g. for historical works), please use Category:Songwriter unknown. Hierdie kategorie bevat geen bladsye of media nie.
<urn:uuid:3f3a7ff3-4edf-4e12-9372-2c3bd886b65f>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Liedartikels_sonder_liedskrywers?from=Ml
2019-07-24T02:43:58Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530250.98/warc/CC-MAIN-20190724020454-20190724042454-00192.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.909397
false
Sias Hoffman Josias Philip Hoffman | | Ampstermyn 15 Junie 1854 – 10 Februarie 1855 | | Voorafgegaan deur | Nuwe amp | ---|---| Opgevolg deur | J.N. Boshoff | Voorsitter van die Voorlopige Regering van die Oranje-Vrystaat Ampstermyn 23 Februarie 1854 – 29 Maart 1855 | | Voorafgegaan deur | Nuwe amp | Opgevolg deur | Amp afgeskaf | Voorsitter van die Volksraad van die Oranje-Vrystaat Ampstermyn 29 Maart 1854 – Vroeg April 1854 | | Voorafgegaan deur | Nuwe amp | Opgevolg deur | Amp afgeskaf | Waarnemende president van die Oranje-Vrystaat Ampstermyn 18 April 1854 – 15 Junie 1854 | | Voorafgegaan deur | J. Groenendaal | Persoonlike besonderhede Gebore | 1807 | Sterf | 1879 | Religie | Nederduits Gereformeerd | Josias Philip Hoffman (algemeen bekend as J.P. Hoffman of Sias Hoffman) (1807 – 1879) was 'n Suid-Afrikaanse politikus en staatsman en voorsitter van die Voorlopige Regering en later, tussen 1854 en 1855, die eerste president van die Oranje-Vrystaat. Loopbaan[wysig | wysig bron] Hoffman was een van die verteenwoordigers van die Smithfield-distrik in die Oranjerivier-soewereiniteit gedurende die onderhandelinge tussen die Boere en die Britte oor die onafhanklikheid van die gebied. Hy het opgetree as voorsitter van die afvaardiging van die Boere in die onderhandelinge en het die Bloemfontein-konvensie in daardie hoedanigheid onderteken. Hy is vir die eerste keer aangewys as die voorsitter van die Voorlopige Regering (23 Februarie – 29 Maart 1854) en na 'n kort onderbreking as voorsitter van die Volksraad. Hy is op 18 April 1854 verkies tot die waarnemende president van die Oranje-Vrystaat. Hy was tot 15 Junie 1854 die waarnemende president. Hy is daarna uiteindelik as volwaardige president van die Oranje-Vrystaat aangestel.[1][2] Hoffman se termyn as president was kortstondig (effens minder as 'n jaar) en het met 'n politieke insident geëindig. As 'n gebaar van goeie trou het Hoffman 'n vaatjie buskruit aan die Basoeto-koning, Moshoeshoe, gegee. Die burgers van die Oranje-Vrystaat het dit nie goedgekeur nie en dit as onwys, oorvriendelik en 'n moontlike gevaar vir die oorlewing van die nuwe staat beskou. Verhoudinge tussen die Boere en die Basoeto's was in daardie stadium effe vyandig. Wat nog 'n groter oortreding was (volgens die burgers), was dat Hoffman die insident vir die Volksraad (die parlement van die Oranje-Vrystaat) probeer versteek het. Hoffman is gedwing om af te tree en het dit op 10 Februarie 1854 gedoen. Hy is opgevolg deur 'n (tydelike) presidensiële uitvoerende komitee onder voorsitterskap van J.J. Venter.[4]
<urn:uuid:6ce9b99f-ba93-435b-b5bc-3ab254269921>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Sias_Hoffman
2019-07-24T02:51:55Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530250.98/warc/CC-MAIN-20190724020454-20190724042454-00192.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99999
false
Genus 'n Genus (meervoud: genera of genusse; ook soms geslag genoem) is 'n taksonomiese groepering wat uit een of meer spesies bestaan; as daar meer as een spesie in 'n genus is, sal die spesies morfologiese eienskappe deel wat groter ooreenkomste met mekaar toon as spesies van ander genera. In die benamingskodes vir bionomiale name wat wêreldwyd in gebruik is, bestaan die naam van 'n organisme uit twee dele: die genusnaam (dit begin altyd met 'n hoofletter) en spesienaam. Albei name is kursief. 'n Voorbeeld is Homo sapiens, die naam vir die menslike spesie, wat tot die genus Homo behoort. Sien die artikel oor wetenskaplike klassifikasie vir meer besonderhede oor hierdie stelsel. 'n Genus in een koninkryk kan 'n naam hê wat in 'n ander koninkryk vir 'n genus of ander takson gebruik word. Al word dit deur die Internasionale Kode van Dierkundige Benamings en die Internasionale Kode van Benamings vir alge, fungi en plante ontmoedig, is daar 5 000 sulke name wat in meer as een koninkryk gebruik word. Anura is byvoorbeeld die naam van die orde van paddas, maar ook van 'n plantgenus. Baie genera word verder onderverdeel in subgenera.
<urn:uuid:f77c2572-2e89-406e-b283-daca25441f3b>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Genera
2019-07-16T14:24:57Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524568.14/warc/CC-MAIN-20190716135748-20190716161748-00376.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
1.000007
false
Baleariese pylstormvoël Baleariese pylstormvoël | |||||||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Bewaringstatus | |||||||||||||||| Wetenskaplike klassifikasie | |||||||||||||||| Binomiale naam | |||||||||||||||| Puffinus mauretanicus P.R. Lowe, 1921 | |||||||||||||||| Sinonieme | |||||||||||||||| Puffinus puffinus mauretanicus | Die Baleariese pylstormvoël (Puffinus mauretanicus) is 'n stormvoël wat seldsaam is aan die kus van Suid-Afrika. Die voël is 32 – 38 cm groot en weeg 480 - 550 g met 'n vlerkspan van 78 - 90 sentimeter. In Engels staan die voël bekend as Balearic shearwater. Die voël se status is kritiek bedreig en daar is slegs 2 500 pare wat broei op die Baleariese Eilande by Spanje. Sien ook[wysig | wysig bron] - Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls - Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) - Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name Bron[wysig | wysig bron] Verwysings[wysig | wysig bron] - BirdLife International (2012). "Puffinus mauretanicus". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.
<urn:uuid:dfdd9908-7784-4671-8624-4b3b25cdd2e0>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Baleariese_pylstormvo%C3%ABl
2019-07-19T02:11:40Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525973.56/warc/CC-MAIN-20190719012046-20190719034046-00136.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.997565
false
Netvlies Die netvlies (ook retina genoem), is die binneste laag van die oog wat kelkievormig van agter na voor tot by die siliaarliggaam strek. Die retina bestaan uit ligsensitiewe reseptororgaantjies, wat as keëltjies en stafies bekend staan. Die orgaantjies bevat pigmente wat deur lig in chemiese stowwe opgebreek word vir die opwekking van senu-impulse wat vir vertolking na die brein gelei word. Benewens die reseptors, is daar 'n pigmente-laag teenaan die choroïed wat verhoed dat die ligstrale versprei. Die retina is baie dun en kan net soos nat kladpapier by hantering skeur.
<urn:uuid:94136750-a205-4382-b22e-958d49e6ce8d>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Netvlies
2019-07-19T01:50:47Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525973.56/warc/CC-MAIN-20190719012046-20190719034046-00136.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
1.000001
false
Patrick Swayze Patrick Swayze | | Groet ondersteuners na Guys and Dolls in 2006 Geboortenaam | Patrick Wayne Swayze | ---|---| Geboorte | 18 Augustus 1952 Houston, TX (VSA) | Nasionaliteit | Amerikaans | Sterfte | 14 September 2009[1] Los Angeles, CA (VSA) | Beroep(e) | Akteur, danser, sanger-liedjieskrywer | Rolprente | Dirty Dancing, Ghost | Internet-rolprentdatabasis-profiel | Patrick Swayze (18 Augustus 1952 - 14 September 2009[1]) was 'n Amerikaanse akteur, danser en sanger-liedjieskrywer. As jong man het hy in 1972 New York Stad toe getrek om formele dansopleiding aan die Harkness en Joffrey-balletskole te ontvang. Hy het bekendheid verwerf vir sy rolle in 'n romantiese hoofrol in die rolprente Dirty Dancing en Ghost en as Orry Main in die televisie minireeks North and South. In 1991 is hy deur People-tydskrif aangewys as die aantreklikste man. Verwysings[wysig | wysig bron] Wikimedia Commons bevat media in verband met Patrick Swayze. |
<urn:uuid:eff8c07c-0bb2-4a14-8427-d34de5c1a328>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Patrick_Swayze
2019-07-19T02:15:09Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525973.56/warc/CC-MAIN-20190719012046-20190719034046-00136.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999046
false
Piet Greyling Jump to navigation Jump to search Volle naam | Pieter Johannes Frederik Greyling | |||| ---|---|---|---|---|---| Geboortedatum | 16 Mei 1942 | |||| Geboorteplek | Zastron, Suid-Afrika | |||| Rugbyloopbaan | ||||| Loopbaan as speler | ||||| Posisie(s) | Flank | |||| Amateurspanne | ||||| Jare | Klub / span | Weds | (pte) | || Collegians RFC | ||||| Provinsiale- / Staatspanne | ||||| Jare | Klub / span | Weds | (pte) | || Vrystaat en Transvaal | ||||| Nasionale span(ne) | ||||| Jare | Land | Weds | (pte) | || 1967–1972 | Suid-Afrika | 25 | (25) | Pieter Johannes Frederik Greyling (16 Mei 1942 te Zastron) is 'n oud-Springbokrugbyspeler en Suid-Afrika se vyf-en-dertigste Springbokkaptein. Hy het Curriebekerrugby vir die Vrystaat en Transvaal gespeel. Eksterne skakels[wysig | wysig bron] Voorafgegaan deur Hannes Marais | Springbokkaptein 1972-1974 | Opgevolg deur Morné du Plessis |
<urn:uuid:494fc414-453c-45f4-b220-ac8cdbd41410>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Piet_Greyling
2019-07-19T02:05:14Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525973.56/warc/CC-MAIN-20190719012046-20190719034046-00136.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.970784
false
Kia Rio Jump to navigation Jump to search Oorsig | | ---|---| Vervaardiger | Kia | Produksie | 2000–huidig | Bakwerk en onderstel | | Klas | Superminimotor | Uitleg | Voorenjin, voorwieldryf | Plek in geskiedenis | | Voorganger | Kia Pride Kia Avella | Oorsig | | ---|---| Ook genoem | Kia Rio Cinco (VSA) Kia Rio RX-V (Kanada, S.Kor.) Kia Rio Stylus (Suid-Amerika) | Produksie | 2000–2005[1][2] | Montering | Gwangmyeong, Suid-Korea Kaliningrad, Rusland Quito, Ecuador Tehran, Iran | Ontwerper | I.DE.A Institute | Bakstyl | 4-deur sedan 5-deur luikrug | Spesifikasies | | Enjin | 1.3 L Mazda B3 I4 (petrol) 1.5 L Mazda B5-DE I4 (petrol) 1.6 L Mazda B6 I4 (petrol) | Ratkas | 5-gang handratkas 4-gang outomaties | Lengte | 4215 mm | Breedte | 1675-1680 mm | Hoogte | 1440 mm | Asafstand | 2410 mm | Oorsig | | ---|---| Ook genoem | Kia New Pride (S.Korea) Kia Rio5 (Noord-Amerika) | Produksie | 2005–2011 (Suid-Korea) | Montering | Gwangmyeong, Suid-Korea Jiangsu, China Izhevsk, Rusland Jakarta, Indonesië Tehran, Iran | Bakwerk en onderstel | | Bakstyl | 4-deur sedan 5-deur luikrug | Spesifikasies | | Enjin | 1.4 L I4 petrol 1.6 L Hyundai Alpha II I4 (petrol) 1.5 L Hyundai U-lyn I4 (diesel)[3] | Ratkas | 5-gang handrat 4-gang outomaties | Lengte | 3990-4240 mm | Breedte | 1695 mm | Hoogte | 1470 mm | Asafstand | 2500 mm | Plek in geskiedenis | | Variante | Hyundai Accent (MC) | Oorsig | | ---|---| Ook genoem | Kia Pride Kia K2 (China)[4] | Produksie | 2011–huidig | Modeljare | 2012–huidig | Montering | Gwangmyeong, Suid-Korea Jiangsu, China Sint Petersburg, Rusland (Hyundai Rus) Jakarta, Indonesië | Ontwerper | Peter Schreyer | Bakwerk en onderstel | | Bakstyl | 3- of 5-deur luikrug 4-deursedan | Spesifikasies | | Enjin | 1.2 L Hyundai Kappa I4 petrol 1.4 L Hyundai Gamma I4 petrol 1.6 L Hyundai Gamma I4 petrol 1.1 L Hyundai U-lyn I3 (diesel) 1.4 L Hyundai U-lyn I4 (diesel)[5] | Ratkas | 4-gang outomaties 6-gang A6GF1 outomaties 6-gang M6CF1 handrat | Lengte | 4046 (luikrug) 4366 mm (sedan) | Breedte | 1720 mm | Hoogte | 1455 mm | Massa | 1093-1141 kg | Asafstand | 2570 mm | Plek in geskiedenis | | Variante | Hyundai Accent (RB) Hyundai Veloster Hyundai HB20 | Galery[wysig | wysig bron] Verwysings[wysig | wysig bron] - "Vehicles". Aymesa - La primera ensambladora de vehículos del Ecuador. Besoek op 26 Desember 2013. - "Kia Rio Stylus". Kia Motors Ecuador. Besoek op 26 Desember 2013. - "Kia Rio Technical Specification". 2007. Besoek op 2007-11-04. - "Kia K2 for China". Livelifedrive.com. 2011-04-19. - "All-new Kia Rio shows its face". Auto Express. Besoek op 2011-09-24. Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
<urn:uuid:e95a25d2-3252-4c5c-96b5-3ba030ba5f7e>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kia_Rio
2019-07-20T07:41:38Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526489.6/warc/CC-MAIN-20190720070937-20190720092937-00296.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.893816
false
Huis van Normandië Die Huis van Normandië is die naam wat gebruik word vir die konings van Engeland ná die Normandiese verowering in 1066. Die invallende Normandiërs en hul nageslag het die Engelse heersersklas vervang. Die adel van Engeland was deel van ’n enkele Franssprekende kultuur en baie het grond weerskante van die Engelse kanaal besit. Die vroeë Normandiese konings van Engeland was as Hertoë van Normandië onderhorig aan die koning van Frankryk. Hulle het Engeland nie noodwendig as hul belangrikste eiendom beskou nie (hoewel dit hulle die titel koning besorg het – ’n belangrike statussimbool). Huis van Normandië | | ---|---| Engelse koningshuis | | Land | Engeland | Voorganger | Huis van Wessex | Opvolger | Huis van Plantagenet | Eerste heerser | Willem die Veroweraar | Laaste heerser | Stephen of Matilda (betwis) | Die bewind van die Huis van Normandië het geduur tot met die totstandkoming van die Plantagenet-dinastie in 1154. Dit het Willem die Veroweraar en sy erfgename tot in 1135 ingesluit. Daarna is dit betwis deur Willem se kleinkinders Matilda en Stephen van die Huis van Blois (of die Blesevin-dinastie). Dit was eers ná die Normandiese verowering dat Engelse monarge volgens die Franse manier genommer is, hoewel die vroeëre gebruik om konings deur byname te onderskei, nie dadelik uitgesterf het nie. Engelse monarge van die Huis van NormandiëWysig VerwysingsWysig Wikimedia Commons bevat media in verband met Huis van Normandië. | - Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Norman dynasty - "thePeerage.com – Person Page 10203". Besoek op 2007-10-25. - "thePeerage.com – Person Page 10204". Besoek op 2007-10-25. - "STEPHEN (of Blois) – Archontology.org". Besoek op 2007-10-25. - Matilda het dieselfde tyd as Stephen regeer, maar haar bewind is betwis. "thePeerage.com – Person Page 10204". Besoek op 2007-10-27. - "MATILDA (the Empress) – Archontology.org". Besoek op 2007-10-27.
<urn:uuid:cef2e490-f90b-4079-a239-673855845651>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Huis_van_Normandi%C3%AB
2019-07-16T14:00:17Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524568.14/warc/CC-MAIN-20190716135748-20190716161748-00400.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999678
true
1607 Jump to navigation Jump to search 1607 | ◄ | 16de eeu | ◄17de eeu► | 18de eeu | ► | Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal | Sien ook: Kategorie:1607 | Kalenders | | Die jaar 1607 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 7de jaar van die 17de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. Gebeure[wysig | wysig bron] - 22 Maart – Pous Paulus V hef die interdik teen Venesië op. - 10 Desember – Pous Paulus V stel vyf kardinale aan, waaronder Maurizio di Savoia, nefie van die koning van Spanje. Geboortes[wysig | wysig bron] - 12 Maart – Paul Gerhardt, Duitse teoloog en komponis van kerkliedere († 1676) - 24 Maart – Michiel de Ruyter, Nederlandse Admiraal († 1676) - 1 November – Georg Philipp Harsdorffer, Duitse Digter
<urn:uuid:67be0c66-fe5f-4330-b84e-14aa8f537ad6>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/1607
2019-07-16T14:33:31Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524568.14/warc/CC-MAIN-20190716135748-20190716161748-00400.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998929
true
Leontopolis Leontopolis | || Koördinate | Koördinate: | | Plaaslike naam | Taremoe Tell al Moeqdam | | Land | Egipte | | Soort | Nedersetting | | Geskiedenis | || Gestig | 23ste Dinastie | Geskiedenis[wysig | wysig bron] Leontopolis was in die sentrale deel van die Nyldelta geleë. Dit was die hoofstad van die 11de nomos (distrik) van Benede-Egipte en was moontlik die middelpunt van die farao se mag tydens die 23ste Dinastie. In sy veroweringstele wat by die Vierde Katarak van die Nyl by Djebel Barkal gevind is, skryf farao Pije van sy oorwinning oor Ioepoet II, wat oor Leontopolis regeer het. Die Griekse naam beteken "Stad van Leeus" en kom van die tempels vir die leeugode Bastet en Sechmet en hul seun, Maahes die leeuprins. Lewende leeus is tydens die Griekse besetting van Antieke Egipte by die tempel aangehou. - Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
<urn:uuid:6ae1ce6d-bf1b-4c1a-b107-b1afcc7f8b9b>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Leontopolis
2019-07-16T14:52:29Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524568.14/warc/CC-MAIN-20190716135748-20190716161748-00400.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999973
false
Mustafa II Mustafa II | | ---|---| Sultan van die Ottomaanse Ryk Kalief van Islam | | Volle naam | Sultan Mustafa II Ghazi | Ottomaanse naam | مصطفى الثانى | Tydperk | 1695–1703 | Stadium | Stagnasie van die Ottomaanse Ryk | Huis | Osman | Voorganger | Ahmet II | Opvolger | Ahmet III | Toegra | Mustafa II Ghazi (Ottomaanse Turks: مصطفى الثانى, moderne Turks: II.Mustafa; 6 Februarie 1664 – 28/30 Desember 1703), was van 1695 tot 1703 sultan van die Ottomaanse Ryk. Hy was die seun van sultan Mehmet IV en het in 1703 ten gunste van sy broer Ahmet III geabdikeer. - Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia
<urn:uuid:7e38256e-d340-4df7-a3a9-0112567e739f>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Mustafa_II
2019-07-16T14:54:03Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524568.14/warc/CC-MAIN-20190716135748-20190716161748-00400.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.994411
false
Christophorus Columbus Christophorus Columbus | | Postuum portret van Christophorus Columbus deur Sebastiano del Piombo in 1519. Daar is geen bekende outentieke portrette van Columbus nie.[1] Gebore | Tussen 31 Oktober 1450 en 30 Oktober 1451 Genua, Republiek van Genua (tans Italië) | ---|---| Oorlede | 20 Mei 1506 Valladolid, Kroon van Kastilië, (tans Spanje) | Nasionaliteit | Kastilië | Titel | Admiraal van die Oseaniese See; Visekoning en Goewerneur van die Indiese | Beroep | Ontdekkingsreisiger | Bekend vir | Ontdekking van die Amerikas | Religie | Rooms-Katolieke Kerk | Huweliksmaat | Filipa Moniz Perestrelo | Kind(ers) | Diego Fernando | Handtekening | Christophorus Columbus (Italiaans: Cristoforo Colombo, Spaans: Cristóbal Colón, Portugees: Cristóvão Colombo, gebore tussen 31 Oktober 1450 en 30 Oktober 1451 – 20 Mei 1506) was 'n Italiaanse seevaarder, ontdekkingsreisiger en handelaar wat in 1492 oor die Atlantiese Oseaan gevaar het en die Amerikas bereik het. Met die hulp van Spanje het hy vier reise onderneem op soek na 'n nuwe seeroete na Indië. Vroeër, onder die Pax Mongolica (Mongoolse vrede), was veilige deurgang vanaf Christelike Europa regdeur tot in China moontlik. Dit het egter verander toe die Ottomaanse Turke die Mongoolse Ryk verslaan het en tot Islam bekeer het. In breë konteks het Columbus se verhaal nie soseer met 'n individu te doen nie, maar met hoe die Europeërs see toe gedwing is om die gewilde sy en speserye van die ooste weer te bekom. Portugal was op soek na 'n manier rondom Afrika, maar Columbus het 'n ander plan gehad. Columbus was nie die eerste persoon wat die Amerikas bereik het nie – hy het dit bevolk gevind. Hy was ook nie die eerste Europeër wat die kontinent bereik het nie – die Wikings het Noord-Amerika al in die 11de eeu besoek. Hulle het egter gedink dat hulle bloot nog 'n eiland gevind het, en niks het gekom van hulle ontmoeting met die inwoners nie. Die landing van Columbus het egter gelei tot die botsing van mense van Amerika, Europa en Afrika en die erfenis van globalisering. Soos vooraf afgespreek met die Spaanse monarge, het Columbus goewerneurskap van die nuwe gebiede verklaar. Alhoewel party hom gesien het as 'n uitstekende navigator, het baie van sy tydgenote hom gesien as 'n swak administrateur en hy is in 1500 van sy goewerneurspos onthef. Columbus bly steeds 'n kontroversiële persoon. Party, soos die Amerikaanse inboorlinge, sien hom as verantwoordelik, direk en indirek, vir die dood van tiene tot honderde duisende inboorlinge, uitbuiting van die Amerikas deur Europa en slawerny in die Wes-Indiëse eilande. Ander vereer hom vir die massiewe hupstoot wat sy loopbaan aan Westerse ontwikkeling en kultuur gegee het. As Columbus dit nie gedoen het nie, sou iemand anders egter een of ander tyd wel die Amerikas ontdek het. Columbus het dit egter eerste gedoen. Inhoud Vroeëre lewe[wysig | wysig bron] Daar is nie konsensus oor sy herkoms nie en amper niks is bekend van sy lewe voor 1476 nie. Hy het egter self gesê dat hy van Genua, Italië, gekom het en hieroor blyk daar min twyfel te wees. In Spaans is sy naam Christóbal Colón, en in Italiaans Cristoforo Colombo. Columbus is die Latynse vorm van sy van. Ontdekkingsreise[wysig | wysig bron] Columbus word tradisioneel beskou as die eerste Europeër wat Amerika ontdek het. Hy het in 1492 per ongeluk daar beland terwyl hy in ’n westelike rigting van Spanje af geseil het, op soek na ’n nuwe roete na Asië. Die Spaanse koning en koningin, Ferdinand en Isabella, het sy vaart gefinansier.[2] Die kaarte hieronder wys die vier verskillende ontdekkingsreise wat Columbus afgelê het. Die plekname is in Spaans, soos hulle in Columbus se tyd bekend gestaan het. Plekke wat na Christophorus Columbus genoem is[wysig | wysig bron] - Colombia – land in Suid-Amerika - Columbia – hoofstad van Suid-Carolina - Columbus – stad in Georgia - Columbus – stad in Indiana - Columbus – stad in Mississippi - Columbus – stad in Nebraska - Columbus – dorp in Nieu-Meksiko - Columbus – hoofstad van Ohio - Groot-Colombia – voormalige land in Suid-Amerika Bibliografie[wysig | wysig bron] - Swart, Marius J.: Nogtans leiers. Kaapstad: Nasou, 1969. Verwysings[wysig | wysig bron] - Jack Forbes, Columbus and Other Cannibals, Autonomedia, 1992. - Samuel Eliot Morison, Admiral of the Ocean Sea: A Life of Christopher Columbus, Little, Brown and Company, 1991, trade paperback, 680 bladsye, ISBN 0-316-58478-9 (9 ander uitgawes beskikbaar in harde- en sagteband). 'n Biografie wat simpatiek is tenoor Columbus, maar nie blind vir die geweld deur Columbus en sy bemanning nie. - Brian Fagan: Clash of the Cultures, AltaMira Press 1997. Bied 'n minder gunstige blik. - Felipe Fernandez-Armesto: Columbus, Oxford University Press 1991. Wetenskaplike werk, versigtig om alle stellings te staaf met bronne. - Sherburn Cook en Woodrow Borah: Essays in Population History Volume I, University of California Press, 1971 - John Noble Wilford and Ashbel Green, The mysterious history of Columbus: an exploration of the man, the myth, the legacy, Knopf, 1991, hardeband: ISBN 0-679-40476-7, sagteband: ISBN 0-679-73832-0. - J.M. Cohen: The Four Voyages of Christopher Columbus: Being His Own Log-Book, Letters and Dispatches With Connecting Narrative Drawn from the Life of the Admiral by His Son Hernando Colon and Others, Penguin Classics, 1992. - James Loewen. Lies My Teacher Told Me: Everything Your American History Textbook Got Wrong. New Press, 1995. Eksterne skakels[wysig | wysig bron] Wikimedia Commons bevat media in verband met Christopher Columbus. |
<urn:uuid:66bb250e-b67a-49f9-b296-6912d2cac306>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Christophorus_Columbus
2019-07-19T02:00:35Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525973.56/warc/CC-MAIN-20190719012046-20190719034046-00160.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999816
true
Opera - Vir die webblaaier Opera, sien Opera (webblaaier). 'n Opera (meervoud van Latyn opus, of in Italiaans enkelvoud vir 'n werk) is 'n toneelstuk met sang en orkestrale begeleiding. Dikwels is die hele libretto getoonset om gesing te word, maar daar is talle uitsonderings van operas waar dele van die teks gesing word, terwyl ander dele gepraat word.[1] [2] Die geskiedenis van opera beslaan alreeds meer as 400 jaar, met die gevolg dat 'n groot verskeidenheid vorme en style hierdie genre van musiek kenmerk. Die musiek van 'n opera kan bestaan uit 'n overture, resitatiewe, arias, ensembles, kore en ballette.[3] Onder die sub-genres wat deel van opera uitmaak is die vernaamste opera seria, opera buffa, opéra comique, tragédie en musique, Singspiel en operette.[4] Inhoud OntstaanWysig Opera vind sy oorsprong in Florence aan die einde van die 16de eeu. 'n Informele akademies-georiënteerde groep digters, musikante en ander intellektuele belanghebbendes (soos klassikuste), wat as die Camerata bekend gestaan het, het gereeld daar onder die leierskap van Giovanni de' Bardi ontmoet om maniere van teks-toonsetting te ontdek wat kwansuis vergelykbaar met die emotiewe krag van dramatiese antieke Griekse musiek sou wees.[5] [6] Die heel eerste operas was gevolglik die digter Ottavio Rinuccini se Dafne (1598), deur Jacopo Peri en Jacopo Corsi getoonset; Rinuccini se Euridice (1600), deur Peri en Giulio Caccini getoonset; en die digter Gabriello Chiabrera se Il rapimento di Cefalo (1600), deur Caccini getoonset.[7] Ten spyte van die Camerata se belangstelling in die musikale uitvoerpraktyk en digkuns van antieke Griekse drama, is die musikale en digterlike opvattings wat in hierdie eerste operas ontwikkel is ook afkomstig vanuit eietydse ontwikkelings in pastorale poëtiese dramas, die intermedio en die madrigaal.[8] [9] Verder skep die tersaaklike komponiste graagste van alles toonsettings wat toepaslik tot die digterlike tekste se emosionele inhoud is, en wat ook duidelik verstaanbaar is. Hiervoor was 'n nuwe styl van musiek komponeer geloods, naamlik 'n soort monodie wat stile rappresentativo of resitatief genoem word.[10] Ander musieksoorte wat ook bygedra het tot die ontstaan van opera sluit die volgende in: musiek soos gebruik in die komedie-produksies van belese kringe (veral, soos reeds genoem, die intermedio), musiek soos gebruik in 16de-eeuse tragedies (veral daardie produksies se kore), musiek soos gebruik in gemonteerde of gedeeltelik-gemonteerde uitvoerings by koninklike howe, die talle Italiaanse akademies en publieke feeste, asook musiek soos gebruik deur die commedia dell'arte.[11] 17de-eeuse Italiaanse operaWysig Daar is drie ontwikkelingsfases vir opera in 17de-eeuse Italië: Humanistiese hof-opera (1600-1635), wat ontstaan het aan die aristokratiese howe van Florence, Mantua en Rome; 'n verdere Venesiese ontwikkeling (1635-1680) waarin die gebruiklike terminologie vir opera dramma per musica was; en 'n uitbreiding van dramma per musica na ander plekke in Europa (vanaf 1650).[12] Die 1598 toonsetting van Rinuccini se libretto Dafne deur Peri en Corsi is nooit gepubliseer nie, en slegs enkele dele daarvan bestaan vandag nog. Gevolglik is die 1600 toonsetting van Rinuccini se libretto Euridice deur Peri en Caccini die eerste opera-werk wat vir die nalatenskap bewaar is.[13] Beide hierdie eerste operas is favola (meervoud favole) genoem, en hanteer Ovidiaanse pastorale temas waarvan die gedigte toepaslik was om die toe nog nuwe styl van musiek komponeer te demonstreer.[14] As gevolg van feeste by die hof van Mantua in 1607 en 1608 is drie verdere vroeë operas gekomponeer. Die eerste is La favola d'Orfeo (of vandag bekend as net Orfeo) in 1607 deur Claudio Monteverdi getoonset op 'n libretto van Alessandro Striggio. Die ander twee, beide uit 1608, is Rinuccini se libretto Arianna, ook deur Monteverdi getoonset, en Rinuccini se libretto Dafne, met musiek deur Marco da Gagliano.[15] [16] Dit is duidelik dat hierdie drie operas in Mantua deur die vroeëre operas van die Florentynse Camerata geïnspireer is, weens die feit dat hulle of dieselfde mites, libretto's of librettiste gebruik.[17] Monteverdi se Orfeo staan vandag bo die ander operas van hierdie vroeë tydperk uit as merkwaardig, omdat sy musiek die libretto op meer komplekse strukturele en orkestrale maniere toonset.[18] Rome het vanaf 1623 'n belangrike sentrum vir die komposisie en uitvoering van opera geword, na die verkiesing van Maffeo Barberini as Pous Urbanus VIII, wie se familie intensief werksaam was om opera in Rome te promoveer.[19] [20] Van die operas wat uit hierdie era dateer is Il Sant' Alessio (ongeveer 1632) met 'n libretto deur Giulio Rospigliosi en musiek deur Stefano Landi; Erminia sul Giordano (1633), met musiek deur Michelangelo Rossi op 'n libretto van Rospigliosi wat op Torquato Tasso se poësie gebaseer is; Virgilio Mazzocchi en Marco Marazzoli se Chi soffre speri (1637), op 'n libretto van Rospigliosi wat op Giovanni Boccaccio se poësie gebaseer is; en Luigi Rossi se Il palazzo incantato (1642) op 'n libretto van Rospigliosi wat op Ludovico Ariosto se poësie gebaseer is.[21] [22] Met die dood van Pous Urbanus VIII in 1644 het die era van humanistiese hof-opera effektief tot 'n einde gekom.[23] In 1637 is die eerste kommersiële operahuis ter wêreld in Venesië geopen. Opera het gevolglik 'n belangrike industrie geword waarin teater-eienaars met produksiemaatskappye en impresario's in komplekse onderhandelings moes deelneem om komponiste, librettiste, musikante en ander verhooghande aan te stel.[24] Bepaalde veranderinge het plaasgevind omdat opera verander het van hoflike vermaak na besigheidsonderneming; naamlik, dat die enscenering van vlieënde masjiene, skepe op die verhoog en dies meer minder skouspelagtig geword het, dat geykte (veral komiese) toneelmiddele gebruik is, dat kore en resitatiewe minder belangrik en geword het, en dat die 30 of meer arias wat in 'n opera sou voorkom harmonies en melodies meer kompleks geword het, terwyl dieselfde arias begin standaardiseer het na vormsoorte soos die da capo aria.[25] Die vernaamste voorbeelde van dramma per musica wat in Venesië opgevoer is, is Monteverdi se laaste drie operas, Il ritorno d'Ulisse (1640), Le nozze d'Enea e Lavinia (1641, sedertdien verlore) en L'incoronazione di Poppea (1643). Ander belangrike jonger komponiste was Pier Francesco Cavalli, Pietro Antonio Cesti en Giovanni Legrenzi.[26] Nadat dramma per musica in Venesië as publieke kunsvorm gevestig is, het dit stadig na ander plekke in Europa versprei; veral Frankryk en die Duitssprekende lande.[27] Die eerste operas in Parys was Italiaanse ingevoerde werke, ses waarvan tussen 1645 en 1662 verskyn het.[28] Hierdie operas het deel uitgemaak van 'n program van ver-Italiaansing wat kardinaal Mazarin aan die Franse hof aangemoedig het. Na Mazarin se dood is dramma per musica egter verwerp vir 'n ontluikende nasionale styl van Franse opera, wat nietemin elemente van die Italiaanse opera styl geleen het.[29] In die Duitssprekende lande was die dramma per musica invloedryk vir 'n baie langer tydperk, aangesien die voorliefde daarvoor die ontwikkeling van 'n Duitse nasionale opera tradisie belemmer het.[30] 18de-eeuse Italiaanse operaWysig Teen ongeveer 1690 het 'n groep Romeinse aristokrate en kunstenaars versamel onder die naam Accademia degli Arcadie (Arkadiese Akademie), om 'n beweerde populêre vervlakking in die genre van opera teen te werk.[31] Tesame met ander geletterde kringe, het hulle terselfdertyd op 'n vereenvoudiging van die musiek in tragediese operas aangedring, of andersins geheel en al op gesproke tragedie.[32] Hulle is teoreties aangespoor deur Aristoteles se filosofiese skryfwerk, en het ook verder op Franse modelle van klassieke teater, soos dié van Corneille en Racine, staatgemaak. Die twee mees prominente skrywers van libretto's vir hierdie hervorming in opera was Apostolo Zeno en Pietro Metastasio.[33] Laasgenoemde het 'n enorme uitwerking op die ontwikkeling en handhawing van opera seria (ernstige opera) gehad, en sy 27 opera seria libretto's is honderde kere deur verskeie komponiste getoonset. Van die belangrikste komponiste van opera seria in Italië gedurende die 18de eeu sluit in Alessandro Scarlatti (wat nagenoeg 115 operas gekomponeer het), Leonardo Vinci (40 operas), Leonardo Leo (ongeveer 60 operas), Nicola Porpora (44 operas) en Antonio Vivaldi (ongeveer 46 operas).[34] Vir die meeste van hierdie komponiste was Napels 'n belangrike sentrum van musikale aktiwiteit. Opera seria word gekenmerk deur die prominensie van die da capo aria, wat 'n stapel vormsoort van opera gedurende die 18de eeu geword het.[35] Die struktuur van 'n da capo aria laat dit toe dat sangers liberale vokale ornamentasie tot komponiste se musiek kan byvoeg, sodat hulle met 'n gevorderde stemtegniek en musikaliteit kan spog. In hierdie konteks is virtuose castratosangers, veral gedurende die 18de eeu, beide manlike en vroulike hoofrolle in operas toegeken, terwyl vroulike sangers dikwels minder belangrike manlike rolle teenoor die castratosangers moes vertolk.[36] Beroemde operasWysig - 1787 Don Giovanni deur Wolfgang Amadeus Mozart - 1816 Barbier van Sevilla deur Gioachino Rossini - 1829 Guglielmo Tell deur Gioachino Rossini - 1835 I Puritani deur Vincenzo Bellini - 1851 Rigoletto deur Giuseppe Verdi - 1868 Die Meistersinger von Nürnberg deur Richard Wagner - 1871 Aida deur Giuseppe Verdi - 1875 Carmen deur Georges Bizet - 1900 Tosca deur Giacomo Puccini Suid-Afrikaanse operasWysig OperasangersWysig - Cecilia Bartoli (mezzo-sopraan) - Maria Callas (sopraan) - Enrico Caruso - Luciano Pavarotti (tenoor) - Andrea Bocelli (tenoor) - Gé Korsten (tenoor) - Mimi Coertse (sopraan) - Gladys Hugo (sopraan) - Pilar Lorengar (sopraan) – (Spaans, * 16 Januarie 1928, sterf op 68 jarige ouderdom) - Gottlob Frick (bas) – (Duits) - Walter Berry (bas-bariton) – (Duits) - Christa Ludwig (mezzo-sopraan) – (Duits, * 16 Maart 1928) - Elisabeth Schwarzkopf (sopraan) - Fritz Wunderlich (bas-bariton) – (Duits) - Cecilia Wessels (sopraan) - Manuel Escorcio (tenoor) BronneWysig - Randel, D.M. (red.) 1986. The New Harvard Dictionary of Music. Cambridge & Londen: The Belknap Press of Harvard University Press. - Brown, H.M., Rosand, E., Strohm, R., Noiray, M., Parker, R., Whittall, A., Savage, R., Millington, B. 2001. Cantata. In The New Grove Dictionary of Music and Musicians, volume 18. Geredigeer deur Stanley Sadie. Londen: Macmillan. VerwysingsWysig Wikimedia Commons bevat media in verband met Opera. | - Brown et. al., bl.416. - Randel, bl.562. - Randel, bl. 562. - Brown et. al., bl.416. - Randel, bl. 562. - Brown et. al., bl 418. - Brown et. al., bl 418. - Randel, bl. 562 - Brown et. al., bl 418. - Randel, bl.562 - Brown et. al., bl. 418 - .Brown et. al., bl. 420. - Brown et. al., bl. 420. - Brown et. al., bl. 421. - Randel, bl.562. - Brown, et. al., bl.421. - Randel, bl.562. - Brown et. al., bl. 421. - Brown et. al., bl. 421. - Randel, bl. 562. - Brown et. al., bl. 421. - Randel, bl. 562. - Brown et. al., bl. 421. - Brown et. al., bl. 422. - Randel, bl. 563. - Randel, bl. 563. - Brown et. al., bl. 424. - Brown et. al., bl. 424. - Brown et. al., bl. 424. - Brown et. al., bl. 425. - Randel, bl. 564. - Brown et. al., bl. 432. - Randel, bl. 564. - Randel, bl. 564. - Randel, bl. 564. - Randel, bl.564.
<urn:uuid:048fc77b-cf5e-4535-b104-cf3d0d84e893>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Opera
2019-07-20T07:21:58Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526489.6/warc/CC-MAIN-20190720070937-20190720092937-00320.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999036
false
Röyksopp Röyksopp | || ---|---|---| Röyksopp tydens 'n direkte optrede. | || Oorsprong | Tromsø (Noorweë) | | Genre(s) | Elektroniese trip-hop | | Aktiewe jare | 1998 — hede | | Etikette | Astralwerks, Wall of Sound | | Webwerf | www.royksopp.com | | Lede | Torbjørn Brundtland Svein Berge | | Assosiasies | Frost, Kings of Convenience, Those Norwegians, Bergen Wave | | Musiekportaal | Röyksopp (IFA: ['ɾøʏkˌsɔp:]), soms verkeerdelik as Røyksopp geskryf, is 'n elektroniese musiekduo vanuit Bergen (Noorweë) wat uit Torbjørn Brundtland en Svein Berge bestaan. Die groep het in 1998 tot stand gekom en het hul debuutalbum Melody A.M. onder die etiket van Wall of Sound in 2001 uitgegee. Die groep se naam is Noors vir "rook" (röyk) en "sampioen" (sopp), dus letterlik "rooksampioen", en dit verwys na die sampioensoort. Röyksopp se styl word beskryf as van 'n hakige elektroniese aard met opgekerfde en verwronge baslyne en sintetiese onderlae, wat 'n klank meebring eenders aan dié van die Franse musiekduo Justice, maar wat sagter en rustiger is en hom dikwels aan die downtempo-genre leen. Snitte met vinniger tempo word egter nie uitgesluit nie, en word gewoonlik met 'n electro-house-styl vervaardig. Röyksopp is veral ook bekend vir hul samewerking met verskillende vroulike gaskunstenaresse. Treffers soos "Only This Moment" en "Circuit Breaker", met Kate Havnevik, en "What Else is There?" met Karin Dreijer Andersson (van The Knife en Fever Ray), is voorbeelde van die sukses wat Röyksopp met hierdie styl bereik het. The Understanding (2005)[wysig | wysig bron] The Understanding is Röyksopp se tweede vollengteateljeealbum en is in 2005 vrygestel. Op die meeste snitte van hierdie album verskaf die manlike groepslede Torbjørn Brundtland en Svein Berge die stemelement, behalwe vir die snitte "What Else is There?" met Karin Dreijer Andersson, "Only This Moment" en "Circuit Baker" met Kate Havnevik, en "49 Percent" met Chelonis R. Jones.[1] Junior (2009)[wysig | wysig bron] Röyksopp se derde vollengteateljeealbum Junior is op 24 Maart 2009 deur die platemaatskappy Astralwerks Records uitgereik. Svein Berge en Torbjørn het die elf snitte op die album gekomponeer, uitgevoer en vervaardig. Vroulike gaskunstenaars is weer eens op hierdie album gebruik, met Sweedse kunstenaresse Robyn Lykke Li en Karin Dreijer-Andersson, asook mede-Noorweër Anneli Drecker, wat ook op Röyksopp se debuut, Melody A.M., verskyn het. Diskografie[wysig | wysig bron] - The Travellers’ Dream (as Aedena Cycle, 1995) - Melody A.M. (2001) - The Understanding (2005) - Junior (2009) - Senior (2010) - Late Night Tales: Röyksopp (2013)
<urn:uuid:c4b07a6d-6127-4396-aa2d-217687bab995>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/R%C3%B6yksopp
2019-07-21T13:06:57Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527000.10/warc/CC-MAIN-20190721123414-20190721145414-00480.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999096
false
Dagga Die akkuraatheid van hierdie artikel (of dele daarvan) word tans betwis. Sien gerus die besprekingsbladsy vir details. | Dagga | |||||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Vroulike Cannabis sativa plant wat blom | |||||||||||||| Wetenskaplike klassifikasie | |||||||||||||| Binomiale naam | |||||||||||||| Cannabis sativa Linnaeus | |||||||||||||| Subspesie | |||||||||||||| C. sativa L. subsp. sativa | Dagga (ook bekend as cannabis of marijuana) is 'n geharde struikagtige plant wat byna oral kan groei. Dit kom voor in streke met 'n warm, vogtige klimaat, soos die Transkei en KwaZulu-Natal. Dagga sluit 3 spesies in: Cannabis sativa, Cannabis indica en Cannabis ruderalis. Hierdie 3 daggaspesies is inheems aan Sentraal-Asië en Suid-Asië. Dagga is vir dekades gebruik vir vesel, saad, saadolie, rekreasie en ook vir medisinale doeleindes. Inhoud Beskrywing[wysig | wysig bron] Dagga is 'n eenjarige blomdraende kruid en is geslagtig, maar kan ook tweeslagtig word onder stres. Die plant vorm 'n bos en die grootte kan wissel na gelang van temperatuur, reënval, samestelling van die grond en weens die plant se gene. Die blare van die daggaplant kan groen, groen-bruin en pers van kleur wees en die blare groei in ongelyke getalle van 3 blare tot 11 blare per vertakking en is gewoonlik digby die stam van die plant. Dagga groei maklik in swak toestande en word gewoonlik tussen ander gewasse in klowe van berge geplant. Bestuiwing vind met behulp van wind plaas. Samestelling van dagga[wysig | wysig bron] Die daggaplant bevat 113 cannabinoïde en verskeie terpene. Dagga bevat geen teer. Die aktiewe bestanddeel, delta-9-tetrahidrocannabinol (THC) is die dekarbilose van THC-suur (THCA). THC is kompleks en word stadig deur die liggaam opgeneem. Dit neem omtrent tussen 7 en 30 dae vir die liggaam om THC af te breek en uit te skei. Die menslike liggaam, die endo-cannabinoïdsisteem en dagga[wysig | wysig bron] Die menslike liggaam is ontwerp met 'n voledige cannabinoïdsisteem. Cannabinoïde wat deur die menslike liggaam vervaardig word, word endo-cannabinoïde genoem. Die menslike liggaam het cannabinoïdreseptore waarmee die cannabinoïde soos bv. THC en CBD kan bind om funksies van die liggaam te bevorder soos byvoorbeeld honger reguleer, 'n voorbeeld daarvan word getoon deur die endo-cannabinoïde wat in borsmelk voorkom, wat 'n baba se eetlus bevorder.[1] Hierdie reseptore word orals in die liggaam gevind, in die brein, vel en verskeie organe. Ongeag van die metode van gebruik is die aksie en uitwerking van die cannabinoïde dieselfde. Die cannabinoïde vind hul pad in die bloedstroom in en gaan selfs verby die bloed-breinskans waar dit dan koppel met CB1- en CB2-reseptore in die brein. Dit is hierdie koppeling wat verantwoordelik is vir die euforie wat slegs kan plaasvind wanneer THCA[2] (suur) verhit word om dit te omskep in psigo-aktiewe THC. Dit wil se, om dit moontlik te maak vir THC om te bind met die reseptore moet die THCA in die plant materiaal eers verhit of verbrand word om in sy psigo-aktiewe vorm, THC, voor te kom. Dus kan 'n mens nie hoog word as jy rou dagga sou in neem deur dit te eet of drink nie.[3] Name vir dagga[wysig | wysig bron] Van die name vir dagga sluit in: - Insangu - Mbjane - Marijuana - Zol - Skyf - Peperskyf - Joint - Weed - Grass - Shit - Pot - Boom - Ghanja - Dope - Hash - Smoke - Hemp - Green Gold (verwys na afstameling) - Malawi Gold (verwys na afstameling) - Mabange - Majat (verwys na laë kwaliteit dagga) - Lebake - Durban Poison (verwys na afstameling) - Poison (verwys na 'Durban Poison') - Giggel Gras - Insperasie Spinasie - Lag Twak - Rondkyk Rothmans - Parkie Gras - Papegaai Slaai Redes vir gebruik[wysig | wysig bron] Meeste jong tieners begin dagga gebruik omdat hul vriende, broers of susters dit gebruik en hulle deur groepsdruk geforseer word om dit ook te doen. Ander dink dit is "cool" om dagga te gebruik omdat hulle dit op TV of in films sien. Sommige tieners dink hulle het dit nodig omdat dit hulle help ontvlug van probleme by die huis, skool of met vriende. Dagga het ook medisinale waarde, soos om pyn ná operasies te verlig. Die Chinese het al 5 000 jaar gelede dagga in kruiemedisyne gebruik.[4] Verkope van dagga[wysig | wysig bron] Dagga word in die volgende vorms verkoop: - Los dagga - 'n Stop dagga - 'n Vinger dagga - 'n Poke dagga - 'n Pakkie (Parcel) dagga - 'n Arm dagga (koerant met dagga in) - 'n Vuurhoutjiedosie dagga - 'n Banksakkie vol dagga (bankies) - 'n Streepsak vol dagga Dagga verkoop vir tussen ongeveer R1,00 tot R120,00 per gram en die pryse wissel vanaf R1,00 vir 'n stop tot R12 000,00 vir 'n streepsak van 20 kg. Dagga word gewoonlik gerook, as daggakoekies geëet of as tee gedrink. 'n Algemene gebruik in Suid-Afrika is om dit deur 'n bottelnek te rook. Die nek van ’n drankbottel word afgeslaan en 'n filter, bekend as ’n "diamond", word van opgerolde papier gemaak. Die filter word dan in die mond van die bottelnek geplaas met die dagga bo-op. Persone wat dagga deur ’n bottelnek rook se hande word gewoonlik geelbruin gevlek. Effekte van dagga[wysig | wysig bron] Die dwelm neem slegs 'n paar minute om 'n uitwerking op die persoon te begin hê. Dagga lei tot 'n gematigde euforie wat tot 2 ure kan duur. Dit kan ook tot verskerpte persepsies, giggel, moontlike angstigheid en soms vervolgingswaan lei as gevolg van streng dagga wette. Fisiese effekte sluit in dors, eetlus, verhoging in hart- en polsslag (nie noodwendig nie), droë mond en rooi oë afhangede van die stam die dagga afkomstig is. THC word in die vetweefsel van die liggaam geberg en stadig vrygestel vir tot 'n maksimum van twee maande na inname. Die meeste vetselle in die liggaam kom in die brein en geslagskliere voor. Dagga van een "slowboat" kan tot 3 weke na gebruik nog in die liggaam opgespoor word. Die uitwerking van die dagga kan dramaties wees vir mense wat ly aan psigiatriese siektes en hulle moet eerder wegbly van dagga. Alhoewel die aantal mense wêreldwyd wat dagga gebruik daagliks groei is daar geen toename in daggaverwante psigiatriese siektes nie. Gevolge van daggagebruik[wysig | wysig bron] Van die gevolge van daggagebruik sluit in: - Onvermoë om afstand en tyd te skat - Oormatige aggressie in kombinasie met alkohol - Ernstige skade aan die asemhalingstelsel - Skade aan longe: longkanker en keelkanker - Versteuring van die vroulike hormone - 40% hoër kans by tieners om breinskade op te doen - Tieners wat dagga gebruik dink 3 keer meer aan selfmoord as ander tieners - Versteuring van die liggaam se immuunstelsel - Afname in die seksdrang; onvrugbaarheid - Verlaagde of verhoogde eetlus - Skade aan die ongebore baba indien ’n swanger vrou dit rook - Affekteer moterisme (reaksie tyd) Wetlike aspekte[wysig | wysig bron] Alhoewel lande soos Noord-Korea geen wetgewing toepas teen dagga nie, is daar weer ander lande soos Thailand waar daggasmouse en -verbruikers die doodstraf opgelê kan word vir die gebruik en besit van dagga. In Suid-Afrika verklaar die wet op Dwelms en Dwelmhandel (Wet 140 van 1992) alle dele van die daggaplant onwettig insluitend die saad, blare, vrug sowel as meeste van die cannabinoïde wat in die daggaplant voorkom. Dagga mag nie verkoop, aangekoop, vervoer, verbou, versend, verskaf of verskuif word nie. Indien 'n persoon dagga kommersieel groei of daarmee handel dryf, kan die hof so 'n persoon 'n swaar boete of gevangenisstraf van tot 15 jaar oplê. Die Wes-Kaapse hooggeregshof het op 31 Maart 2017 beslis dat volwassenes in die privaatheid van hulle eie huis dagga mag besit, kultiveer en gebruik. Die hof het ook beslis dat die parlement 24 maande het om die wetgewing te verander.[5] Rehabilitasie[wysig | wysig bron] Die onttrekkingsimptome van dagga is nie soos dié van persone wat heroïen of ander dwelms soos drank en tabak misbruik nie. Dagga veroorsaak 'n psigologiese afhanklikheid maar geen fisiologiese onttrekkingsimptome nie. Ligte gebruikers van dagga ondervind geen onttrekkingsimptome. Die meeste verbruikers van dagga wat rehabilitasie ontvang is deur die staat verwys waar die hof die verbruiker skuldig bevind het aan die besit van dagga en was rehabilitasie deur die beskuldigde bo tronkstraf gekies en is die verbruiker nie noodwendig emosioneel verslaaf aan dagga nie. Hulp[wysig | wysig bron] Mense wat voel hul is verslaaf aan dagga kan by die volgende bronne om hulp aanklop: - Familie - Vriende - Narkotikaburo - Drugwise-sentrum - SANRA-kantoor - Alkoholiste Anoniem - Maatskaplike dienste - Munisipale gesondheidskliniek - Heilsleër - Apteker - Dagga-unie van Suid-Afrika [6] Verwysings[wysig | wysig bron] Eksterne bronne[wysig | wysig bron] Wikimedia Commons bevat media in verband met Cannabis. | Sien dagga in Wiktionary, die vrye woordeboek. |
<urn:uuid:cca3c509-f547-425e-9f99-df8e93ba281e>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Dagga
2019-07-24T02:36:13Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530250.98/warc/CC-MAIN-20190724020454-20190724042454-00240.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999983
true
President van die Switserse Konfederasie Die President van die Switserse Konfederasie (Duits: Bundespräsident(in) der Eidgenossenschaft, Frans: Président(e) de la Confédération, Italiaans: Presidente della Confederazione, Romansch: President(a) da la Confederaziun) is die voorsitter van die Switserse Federale Raad, 'n raad wat uit sewe gelykes bestaan. Die president van die konfederasie is dus nie die staats- of regeringshoof van Switserland nie, maar eerder word die hele Switserse Federale Raad as 'n gesamentlike hoof beskou.
<urn:uuid:1a8b1f3e-e591-427c-b798-11b7ca0492e4>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/President_van_die_Switserse_Konfederasie
2019-07-24T02:41:40Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530250.98/warc/CC-MAIN-20190724020454-20190724042454-00240.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998541
false
David Margulies Jump to navigation Jump to search David Margulies | | Geboortenaam | David Joseph Margulies | ---|---| Nasionaliteit | Amerikaans | Beroep(e) | Akteur | Internet-rolprentdatabasis-profiel | David Margulies is 'n Amerikaanse akteur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Dressed to Kill (1980), Ghostbusters (1984), Ghostbusters II (1989), en Ace Ventura: Pet Detective (1994). Filmografie[wysig | wysig bron] Rolprente[wysig | wysig bron] - 1980: Dressed to Kill - 1984: Ghostbusters - 1986: 9½ Weeks - 1987: Magic Sticks - 1989: Ghostbusters II - 1994: Ace Ventura: Pet Detective - 2006: Ira & Abby - 2013: The Girl on the Train - Adam Bloom Televisierolprente[wysig | wysig bron] - 1990: Largo Desolato
<urn:uuid:d7dee9fe-b02b-49fe-83fe-e4fc8212be5b>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/David_Margulies
2019-07-16T15:03:06Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524568.14/warc/CC-MAIN-20190716135748-20190716161748-00424.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.961269
false
Taalvaardigheid Dit is nie 'n kouspop nie, maar dien ten doel om 'n bot toe te laat om geoutomatiseerde take te verrig wat gewoonlik herhalend van aard is. Administrateurs: as hierdie bot probleme veroorsaak, blok hom asseblief onmiddellik block it.
<urn:uuid:039545c6-78b0-4216-88b7-76a66fb69425>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Gebruiker:HiW-Bot
2019-07-16T14:36:55Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524568.14/warc/CC-MAIN-20190716135748-20190716161748-00424.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999898
false
Sikorsky CH-54 Tarhe Sikorsky CH-54 Tarhe | | ---|---| 'n CH-54A wat 'n BLU-82 valskermbom dra | | Tipe | Swaarlig militêre vervoerhelikopter | Vervaardiger | Sikorsky Aircraft | Nooiensvlug | 9 Mei 1962 | Onttrek | 1991 | Status | Produksie gestaak | Hoofgebruikers | Amerikaanse Leër Amerikaanse Vloot Amerikaanse Mariene Korps | Aantal gebou | 105 | Weergawes | S-64 Skycrane | Die Sikorsky CH-54 Tarhe is 'n tweeling-enjin swaarlig helikopter ontwerp deur Sikorsky Aircraft vir die Amerikaanse Leër. Dit is vernoem na Tarhe (wie se bynaam "The Crane" was), 'n 18de-eeuse hoof van die Wyandot Indiese stam.[1] Die siviele weergawe is die S-64 Skycrane. Aanvanklike werk op die Sikorsky "lughyskraan"-helikopters het in 1958 begin met die suier-enjin Sikorsky S-60. Die eerste vlug van die turbo-aangedrewe S-64 Skycrane was op 9 Mei 1962.[2] Die Amerikaanse Leër het uiteindelik 105 gekoop, die aanwysing van hulle was CH-54. Dit is gebruik in Viëtnam vir vervoer en herwinning van neergestorte vliegtuie, en was hoogs suksesvol daarmee, te danke aan die aanpasbare aard van die modules. Dit hou die rekord vir die hoogste hoogte in vlakvlug (11 km in 1971)[3] en vinnigste klim tot 3,[4] 6,[5] en 9 km.[6] Verwysings[wysig | wysig bron]
<urn:uuid:0a54dcae-79d2-43ce-bba1-13e12a927c16>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Sikorsky_CH-54_Tarhe
2019-07-16T14:43:36Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524568.14/warc/CC-MAIN-20190716135748-20190716161748-00424.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999936
false
Kategorie:Geografie van Nederland Jump to navigation Jump to search Wikimedia Commons bevat media in verband met Geografie van Nederland. | Subkategorieë Hierdie kategorie bevat die volgende 8 subkategorië, uit 'n totaal van 8.
<urn:uuid:b0c3b39a-f892-4b81-8f2b-628b77076bc1>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Geografie_van_Nederland
2019-07-19T02:37:22Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525973.56/warc/CC-MAIN-20190719012046-20190719034046-00184.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.856118
false
Boekbronne Jump to navigation Jump to search Biblioteke Suid-Afrika: - Soek die boek in die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika se katalogus - Soek die boek in die SEALS Konsortium se biblioteek - Soek die boek in die Universiteit van Suid-Afrika se biblioteek - Soek die boek in die Universiteit van die Witwatersrand se biblioteek - Soek die boek in die Kaapse Hoër Onderwys Konsortium se biblioteek Wêreldwyd: - Soek die boek deur WorldCat in jou plaaslike biblioteek se katalogus Boekwinkels Suid-Afrika: Ander lande:
<urn:uuid:17b6aa0a-dac9-496a-a466-de821e5fa13f>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Boekbronne/0262540371
2019-07-19T02:23:21Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525973.56/warc/CC-MAIN-20190719012046-20190719034046-00184.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999935
false
Adama Barrow Adama Barrow | | Adama Barrow in 2018 | | 3de President van die Gambië Ampstermyn 21 Januarie 2017 – (huidig) | | Voorafgegaan deur | Yahya Jammeh | ---|---| Persoonlike besonderhede Gebore | Adama Barrow 16 Februarie 1965 Mankamang Kunda, Gambië | Politieke party | United Democratic Party | Eggenoot/eggenote | 2: Fatou Bah en Sarjo Mballow.[1] | Kind(ers) | 5 | Religie | Soenni-Islam | Lojaliteit | Gambië | Hy is 'n vroom moslim, het twee vroue en vyf kinders. Hy het in die vroeë jare 2000 in Engeland gewoon en as eiendomsagent gewerk. Hy is lid van die United Democratic Party.[2] In 2016 het 'n koalisie van 7 opposisiepartye hom gekies as kandidaat vir die presidentsverkiesings van 2 Desember. Hy het hierdie verkiesings met 'n klein meerderheid gewen. Aanvanklik het sy voorganger Yahya Jammeh saamgestem met die resultaat, maar later het hy geweier om te vertrek. Barrow is in Senegal in die Gambiese ambassade as president beëdig en magte van die Ecowas-lande het Gambië binnegeval. Jammeh is in ballingskap gedwing.[2]
<urn:uuid:a39f3a0f-4fd4-4b64-8adc-eadf68e3dd32>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Adama_Barrow
2019-07-20T07:41:41Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526489.6/warc/CC-MAIN-20190720070937-20190720092937-00344.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999769
false
Federale Distrik (Brasilië) Sien ander Brasiliaanse state | ||||| Land | Brasilië | |||| Hoofstad | Brasília | |||| Grootste stad | Brasília | |||| Oppervlakte | 5 802 km² | |||| Bevolking - Totaal - Digtheid | 2 648 532 (2012) 3,1 inw./km² | |||| Goewerneur | Agnelo Queiroz | |||| MOI (2005) | 0,911 – hoog | |||| Tydsone | UTC-3 | Die Federale Distrik (Portugees: Distrito Federal; uitgespreek [dʒiʃˈtɾitu fedeˈɾaw]) is een van die 27 state en distrikte van Brasilië. Die distrik sluit die land se hoofstad, Brasília in. In 2012 het die Federale Distrik sowat 2,6 miljoen inwoners gehad.[1] Sien ook[wysig | wysig bron] Verwysings[wysig | wysig bron] Eksterne skakels[wysig | wysig bron] - Die Federale Distrik se amptelike webwerf ( ) - Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Federale Distrik (Brasilië). Deelstate van Brasilië | | ---|---| Distrito Federal |
<urn:uuid:a4af04d3-ca35-4eb8-9759-d2f30b19ec53>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Federale_Distrik_(Brasili%C3%AB)
2019-07-20T07:36:54Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526489.6/warc/CC-MAIN-20190720070937-20190720092937-00344.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.994999
false
Kategorie:Wikipedia-artikels met ULAN-identifiseerders Jump to navigation Jump to search (vorige bladsy) (volgende bladsy) Vir meer inligting, sien Wikipedia:Gesagbeheer. Hierdie is 'n versteekte kategorie Dit kategoriseer bladsye vir administratiewe doeleindes. Dit vorm nie deel van die ensiklopedie nie. | Bladsye in kategorie "Wikipedia-artikels met ULAN-identifiseerders" Die volgende 200 bladsye is in hierdie kategorie, uit 'n totaal van 1 018. (vorige bladsy) (volgende bladsy)E - Ethyl Eichelberger - Egon Eiermann - Alexandre Gustave Eiffel - Dwight D. Eisenhower - Sergei Eisenstein - Ekumeniese Patriargaat van Konstantinopel - El Greco - Edward Elgar - T.S. Eliot - Elisabeth van Oostenryk-Hongarye - Elizabeth Bowes-Lyon - Elizabeth I van Engeland - Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk - Emily Brontë - Emma Sandys - Empedokles - Friedrich Engels - Brian Eno - James Ensor - Epikurus - Desiderius Erasmus - Ernst Ludwig, Groothertog van Hesse - M.C. Escher - Walker Evans F - Nicolas-Claude Fabri de Peiresc - Federico Fellini - Ferdinand I van Oostenryk - Gianfranco Ferré - Paul Feyerabend - Richard Feynman - Fibonacci - Johann Gottlieb Fichte - Filips II van Spanje - Toni Frissell - Ella Fitzgerald - Robert FitzRoy - Robert J. Flaherty - Gustave Flaubert - Jane Fonda - Theodor Fontane - Jay Forrester - Georg Forster - Bob Fosse - Norman Foster - Léon Foucault - Michel Foucault - Franciskus van Assisi - Anne Frank - Benjamin Franklin - Frans I van Frankryk - Frans II - Frans Josef I van Oostenryk - Franz Liszt - Frederik I (Barbarossa) - Frederik II van Pruise - Frederik IV van Denemarke - Frederik V van Denemarke - Fredric Jameson - Sigmund Freud - Friedrich Hölderlin - Friedrich III van Duitsland - Caspar David Friedrich - Robert Frost - Robert Fulton G - John Wayne Gacy - Joeri Gagarin - Galba (keiser) - Galileo Galilei - Vincent Gallo - Greta Garbo - Federico Garcia Lorca - Bill Gates - Antoni Gaudí - Paul Gauguin - Frank Gehry - Pous Gelasius I - Arnold Genthe - George I van Groot-Brittanje - George II van Groot-Brittanje - George III van die Verenigde Koninkryk - George IV van die Verenigde Koninkryk - George VI van die Verenigde Koninkryk - Georgi Plechanof - Germanicus - Domenico Ghirlandaio - Basil Gill - Allen Ginsberg - Lillian Gish - Philip Glass - Johann Wolfgang von Goethe - Nikolai Gogol - David Goldblatt - Robert Jacob Gordon - Jason Gould - Francisco Goya - Günter Grass - Gratianus - Sophia Gray - Spalding Gray - Greenpeace - Pous Gregorius I - Alfred Grenander - Lady Jane Grey - Matt Groening - Félix Guattari - Laurynas Gucevičius - Johannes Gutenberg H - Ernst Haas - Jürgen Habermas - Zaha Hadid - Hadrianus - Hafez - Gunther von Hagens - William Haines - Hampton Court-paleis - Hannibal - Hans-Georg Gadamer - Thomas Hardy - Ed Harris - Richard Harris - William Henry Harrison - Erich Hartmann - Władysław Hasior - Václav Havel - Joseph Haydn - Friedrich August Hayek - William Randolph Hearst - Georg Wilhelm Friedrich Hegel - Martin Heidegger - Ernest Hemingway - Hendrik II van Engeland - Hendrik VII van Engeland - Hendrik VIII van Engeland - Henry Moore - Simon Hantaï - Katharine Hepburn - Johann Gottfried von Herder - Hergé - Herodes Antipas - Herodes die Grote - Herodotos - John Herschel - Hieronimus van Stridon - Cecil Higgs - Hildegard van Bingen - Hippokrates - Alfred Hitchcock - Adolf Hitler - E.T.A. Hoffmann - Katsushika Hokusai - Homeros - Robert Hooke - Dennis Hopper - Horatius - John Howard (Amerikaanse akteur) - Barnard Hughes - Patrick Hughes (kunstenaar) - Victor Hugo - Johan Huizinga - Alexander von Humboldt - David Hume - Friedensreich Hundertwasser - Christiaan Huygens I J - J. Paul Getty Museum - Shah Jahan - Helmut Jahn - Jakobus I van Engeland - Jakobus II van Engeland - Jalal Uddin Rumi - Henry James - Jayavarman II - Thomas Jefferson - Steve Jobs - Johan die Blinde - Pous Johannes Paulus II - Pous Johannes XXIII - John Dewey - Philip Johnson - Samuel Johnson - Shirley Jones - James Joyce - Julius Caesar - Justinianus II van Bisantium
<urn:uuid:d033f24d-6ae9-4174-80b1-e4b393f6e394>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Wikipedia-artikels_met_ULAN-identifiseerders?from=Ei
2019-07-21T13:38:30Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527000.10/warc/CC-MAIN-20190721123414-20190721145414-00504.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.842255
false
Cannes-rolprentfees 2010 Datum | 12-23 Mei 2010 | | Plek | Cannes, Frankryk | | Aanbieder | Kristin Scott Thomas | | Getal prente | 19 (In Kompetisie) 19 (Un Certain Regard) 9 (Kortprente) | | Webtuiste | Cannes-rolprentfees | | Belangrike prente | || Openingsfliek | Robin Hood | | Afsluitingsfliek | The Tree | | Palme d'Or | Uncle Boonmee Who Can Recall His Past Lives | Die 63ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 12-23 Mei 2010 gehou.[1] Die Amerikaanse regisseur Tim Burton was die voorsitter van die jurie vir die hoofkompetisie.[2][3] Die Britse aktrise Kristin Scott Thomas het die opening- en die afsluitingseremonie aangebied.[4] Altesaam 47 rolprente en kortfilms is vertoon. Die Thaise rolprent Uncle Boonmee Who Can Recall His Past Lives, met Apichatpong Weerasethakul as regisseur, het die Palme d'Or gewen. Die fees is geopen met Ridley Scott se Robin Hood[5] en afgesluit met The Tree van Julie Bertuccelli.[6] Belangrikste fliekpryse[wysig | wysig bron] Rolprent | Regisseur | Land | Prys | ---|---|---|---| Uncle Boonmee Who Can Recall His Past Lives | Apichatpong Weerasethakul | Thailand | Palme d'Or | Of Gods and Men | Xavier Beauvois | Frankryk | Grand Prix | A Screaming Man | Mahamat-Saleh Haroun | Frankryk | Jurieprys | Hahaha | Hong Sang-soo | Suid-Korea | Un Certain Regard | The Painting Sellers | Juho Kuosmanen | Finland | Cinéfondation | Año Bisiesto | Michael Rowe | Mexiko | Caméra d'Or | Barking Island | Serge Avédikian | Frankryk | Kortfilm-Palme d'Or | Ander In Kompetisie-pryse[wysig | wysig bron] Prys | Wenner | Rolprent | Land | ---|---|---|---| Beste regisseur | Mathieu Amalric | On Tour | Frankryk | Beste draaiboek | Lee Chang-dong | Poetry | Suid-Korea | Beste akteur | Javier Bardem Elio Germano | Biutiful Our Life | Mexiko Italië | Beste aktrise | Juliette Binoche | Certified Copy | Frankryk | Verwysings[wysig | wysig bron] - "Festival de Cannes 2010". Cannes Film Festival. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Januarie 2010. Besoek op 2010-01-26. - "BBC News: Tim Burton to head Cannes film jury". BBC News. 2010-01-26. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Januarie 2010. Besoek op 2010-01-26. - Bradshaw, Peter (2010-01-26). "Guardian: Tim Burton to head Cannes film festival jury". Guardian.co.uk. London. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Januarie 2010. Besoek op 2010-01-26. - "Kristin Scott Thomas Is Cannes Mistress Of Ceremony, And Woody Will Be There Too". Besoek op 2013-12-10. - "BBC News: Robin Hood launches Cannes Film Festival". BBC News. BBC Online. 2010-03-26. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2010. Besoek op 2010-05-14. - "63rd Festival de Cannes: Press Conference". Cannes Film Festival. Besoek op 2010-05-11.
<urn:uuid:c6c2cc6e-2145-4ef8-b8ea-ed34ed221b09>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Cannes-rolprentfees_2010
2019-07-24T03:05:39Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530250.98/warc/CC-MAIN-20190724020454-20190724042454-00264.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.976286
false
Arena Corinthians Arena Corinthians | || Ligging | Avenida Miguel Ignácio Curi, 111 São Paulo, Brasilië | | ---|---|---| Koördinate | Koördinate: | | Eienaar | SC Corinthians Paulista | | Kapasiteit | 49 205[1] | | Oppervlak | Gras | | Konstruksie | || Eerste sooi gespit | 30 Mei 2011[2] | | Gebou | 30 Mei 2011 – 15 April 2014[3] | | Geopen | 10 Mei 2014[4] | | Boukoste | R$965 miljoen[5] VS$435 miljoen €319 miljoen | | Argitek | Aníbal Coutinho[6] | | Struktuuring. | Werner Sobek[7] | | Dienste-ing. | Frederico Barbosa[8] | | Projekbestuurder | Andrés Sánchez[9] | | Huurders | || Arena Corinthians (bekend as Arena de São Paulo tydens die Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014) is 'n sokkerstadion in São Paulo, Brasilië. Dit was een van die gasheerstadions vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014, Olimpiese Somerspele 2016 en Copa América 2019. Vir die duur van die Wêreldbekertoernooi het die stadion 'n vergrote kapasiteit van 62 000 gehad, wat daarna weer verminder is. Inhoud Fotogalery[wysig | wysig bron] Wedstryde[wysig | wysig bron] FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014[wysig | wysig bron] Datum | Tyd (UTC-3) | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers | ---|---|---|---|---|---|---| 12 Junie 2014 | 17:00 (BRT) | Brasilië | 3–1 | Kroasië | Groep A | 62 103 | 19 Junie 2014 | 16:00 (BRT) | Uruguay | 2–1 | Engeland | Groep D | 62 575 | 23 Junie 2014 | 13:00 (BRT) | Nederland | 2–0 | Chili | Groep B | 62 996 | 26 Junie 2014 | 17:00 (BRT) | Suid-Korea | 0–1 | België | Groep H | 61 397 | 1 Julie 2014 | 13:00 (BRT) | Argentinië | 1–0 (e.t.) | Switserland | Agsste eindrondte | 63 255 | 9 Julie 2014 | 17:00 (BRT) | Argentinië | 0–0 (e.t.) (4–2 n.S.) | Nederland | Halfeindrondte | 63 267 | Olimpiese Somerspele 2016[wysig | wysig bron] Vrouetoernooi[wysig | wysig bron] Datum | Tyd (UTC-3) | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers | ---|---|---|---|---|---|---| 3 Augustus 2016 | 15:00 (BRT) | Kanada | 2–0 | Australië | Groep F | 20 521 | 18:00 (BRT) | Zimbabwe | 1–6 | Duitsland | ||| 6 Augustus 2016 | 15:00 (BRT) | Kanada | 3–1 | Zimbabwe | 30 295 | | 18:00 (BRT) | Duitsland | 2–2 | Australië | 37 475 | || 12 Augustus 2016 | 19:00 (BRT) | Kanada | 1–0 | Frankryk | Kwarteindrondte | 38 688 | 19 Augustus 2016 | 13:00 (BRT) | Brasilië | 1–2 | Kanada | Bronsmedalje-wedstryd | 39 718 | Manstoernooi[wysig | wysig bron] Datum | Tyd (UTC-3) | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers | ---|---|---|---|---|---|---| 10 Augustus 2016 | 19:00 (BRT) | Colombia | 2–0 | Nigerië | Groep B | 36 702 | 22:00 (BRT) | Brasilië | 1–1 | Irak | Groep A | 37 742 | | 13 Augustus 2016 | 22:00 (BRT) | Brasilië | 2–0 | Colombia | Kwarteindrondte | 41 560 | 17 Augustus 2016 | 16:00 (BRT) | Nigerië | 0–2 | Duitsland | Halfeindrondte | 35 562 | Copa América 2019[wysig | wysig bron] Datum | Tyd (UTC-3) | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers | ---|---|---|---|---|---|---| 22 Junie 2019 | 16:00 (BRT) | Peru | 0–5 | Brasilië | Groep A | 42 317 | 28 Junie 2019 | 20:20 (BRT) | Colombia | 0–0 (4–5 n.S.) | Chili | Kwarteindrondte | 44 062 | 6 Julie 2019 | 16:00 (BRT) | Argentinië | 2–1 | Chili | Klein finale | 44 269 | Verwysings[wysig | wysig bron] - ( ) "Corinthians aumenta capacidade e arena chega perto dos 50 mil lugares". Besoek op 2 November 2015. - ( Cardilli, Juliana (30 Mei 2011). ) "Começam as obras no estádio do Corinthians em SP". Besoek op 20 Junie 2013. - ( ) "Obras são entregues ao Clube". 15 April 2014. Besoek op 7 Mei 2014. - ( ) http://www.worldofstadiums.com/south-america/brazil/arena-corinthians/ - ( ) "Leia a transcrição da entrevista de Andrés Sanchez ao UOL e à Folha". 4 Junie 2014. Besoek op 6 Junie 2014. - ( ) "Gramado do estádio do Timão homenageará clube e título de 77". 17 Oktober 2011. Besoek op 20 Junie 2013. - ( ) "Stadium Sao Paulo". Besoek op 20 Junie 2013. - ( ) "Victory in the race against time". 25 Maart 2013. Besoek op 20 Junie 2013. - ( ) "Se quiserem mudar o local de abertura da Copa fiquem à vontade, diz Andres à Fifa". 14 Mei 2013. Besoek op 20 Junie 2013. Eksterne skakels[wysig | wysig bron] Wikimedia Commons bevat media in verband met Arena Corinthians. |
<urn:uuid:586e3138-a64a-49a6-884c-8c5953207d49>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Arena_Corinthians
2019-07-19T01:54:03Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525973.56/warc/CC-MAIN-20190719012046-20190719034046-00208.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.949991
false
Statistiek Suid-Afrika Statistieke Suid-Afrika (Statistics South Africa in Engels) is die nasionale statistiekraad van Suid-Afrika. Dit is daargestel ná die Wet op Statistieke no. 6 van 1999 deur die Parlement van Suid-Afrika bekragtig is. Statistieke Suid-Afrika is geskep met die doel om tydige, akkurate en toeganklike amptelike statistiek te verskaf ten einde ekonomiese groei, ontwikkeling en demokrasie te bevorder. Hiervoor verskaf Statistieke Suid-Afrika amptelike demografiese, ekonomiese, huishoudelike en sosiale sensusse en opnames oor byvoorbeeld inkomste, geletterdheid, toegang tot gesondheidsorg en munisipale en ander diensverskaffing. Tot op hede het Statistieke Suid-Afrika drie sensusse verskaf, in 1996, 2001 en 2011.
<urn:uuid:885098a0-eb43-4164-8cdc-74c4cb9e6fe4>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Statistiek_Suid-Afrika
2019-07-24T02:37:12Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530250.98/warc/CC-MAIN-20190724020454-20190724042454-00288.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999372
false
Saffron Burrows Jump to navigation Jump to search Saffron Burrows | | Geboortenaam | Saffron Domini Burrows | ---|---| Geboorte | 22 Oktober 1972 | Nasionaliteit | Amerikaans | Kinders | 2 | Beroep(e) | Aktrise | Aktiewe jare | 1993–nou | Internet-rolprentdatabasis-profiel | Saffron Burrows (gebore 22 Oktober 1972) is 'n Amerikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Deep Blue Sea (1999), Troy (2004), Reign Over Me (2007), en The Bank Job (2008). Inhoud Filmografie[wysig | wysig bron] Rolprente[wysig | wysig bron] - 1995: Welcome II the Terrordome - 1995: Circle of Friends - 1996: Hotel de Love - 1997: Lovelife - 1999: Deep Blue Sea - 1999: The Loss of Sexual Innocence - 1999: Wing Commander - 1999: Miss Julie - 2000: Gangster No. 1 - 2001: Enigma - 2001: Tempted - 2001: Hotel - 2003: The Galíndez File - 2004: Troy - 2006: Perfect Creature - 2006: Klimt - 2007: Reign Over Me - 2007: Dangerous Parking - 2007: Broken Thread - 2008: The Bank Job - 2008: The Guitar - 2010: The People Speak UK - The Debt Inherited - Love Lies Bleeding Televisiereekse[wysig | wysig bron] - 2008: My Own Worst Enemy - 2014: Mozart in the Jungle Televisierolprente[wysig | wysig bron] - 1995: The Big One - 2001: The Seventh Stream - 2002: Flashpoint - 2008: Where Music Meets Film - 2009: The Eastmans - 2016: The List Video's[wysig | wysig bron] - 2002: Enigma: Behind the Scenes - 2002: Enigma: Cast and Crew Interviews - 2002: Enigma: About 'Enigma' - The Movie - 2003: Enigma: Putting It All Together - 2003: Enigma: Bletchley Park and Enigma - 2008: The Making of 'Dangerous Parking' - 2008: T Takes: Saffron Burrows - 2008: T Takes: Room 117 - 2008: The Baker Street Bank Raid
<urn:uuid:08148efd-3570-43e1-9d13-09518b667da5>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Saffron_Burrows
2019-07-16T15:01:45Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524568.14/warc/CC-MAIN-20190716135748-20190716161748-00472.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.652379
false
Verwante veranderings Jump to navigation Jump to search Tik 'n bladsynaam om veranderinge aan bladsye te sien wat daarvan of daarheen skakel. (Om inskrywings van 'n kategorie te sien, tik Kategorie:Naam van kategorie). Veranderinge aan bladsye op u dophoulys word in vetdruk aangedui. Lys van afkortings: - N - Met die wysiging is 'n nuwe bladsy geskep. (sien ook die lys van nuwe bladsye) - k - Hierdie is 'n klein wysiging - b - Hierdie wysiging is deur 'n bot gemaak - D - Wikidata-wysiging - (±123) - Bladsy is met die aantal grepe gewysig 17 Julie 2019 - Stille Oseaan; 20:45 +308 SpesBona + Kaart & Encyclopædia Britannica k - Indiese Oseaan; 20:45 +313 SpesBona + Kaart & Encyclopædia Britannica k
<urn:uuid:c77afda9-5203-4dc9-b113-3e36490f076a>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:OnlangseVeranderingsMetSkakels/Onbevlekte_soldaat
2019-07-17T20:52:25Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525402.30/warc/CC-MAIN-20190717201828-20190717223828-00072.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999932
false
renoster Jump to navigation Jump to search Afrikaans[edit] Etymology[edit] Pronunciation[edit] Noun[edit] - rhino; rhinoceros - 1990, Conserva, page 400. - Die feit dat daar in Kenia al hele renostertroppe uitgewis is in een nag en individuele renosters gekaap en doodgemaak is op pad na natuurreservate, het Anna Merz tot aksie gedwing. - (please add an English translation of this quote) - 1990, Conserva, page 400.
<urn:uuid:b631996f-da8e-43ee-85af-fea66c999058>
CC-MAIN-2019-30
https://en.wiktionary.org/wiki/renoster
2019-07-17T21:19:08Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525402.30/warc/CC-MAIN-20190717201828-20190717223828-00072.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.72063
false
Geslote myn 'n Geslote myn is myn waar die delfstof ondergronds ontgin word. Hierdie myne het, naas hul bogrondse bedrywighede, ook 'n ondergrondse komponent. Geslote myne word aangelê as die delfstof nie naby die oppervlak voorkom nie. Omdat geslote myne duurder is om te bedryf as oopgroefmyne, word geslote myne meestal slegs vir die delf van duursame stowwe (soos goud en platinum) gebruik. Na die Industriële Revolusie is skagte van honderde meters diep en gangstelsels van verskeie kilometers lank aangelê. Die diepste myn in Suid-Afrika, die goudmyn TauTona by Carletonville, is ongeveer 4 km diep (een van die diepstes ter wêreld). Mynskagte[wysig | wysig bron] Skagte wat na benede loop word aangelê om toegang tot die ondergrondse terrein waar die ontginning plaasvind te verleen. Moderne mynskagte loop meestal vertikaal in die grond af, hoewel sekere skagte ook skuins teen 'n hoek kan afloop. Vanuit die skagte word die myn se ondergrondse gange (of horisontale skagte) gegrawe. Hierdie skagte word gebruik om personeel, lug, water, elektrisiteit en toerusting na benede te vervoer. Om die proses te vergemaklik, word 'n toring met 'n kabelstelsel bokant die grond opgerig wat 'n hysbak in die skag kan laat afsak en weer ophys. Hoe dieper daar onder die aarde gewerk word, hoe hoër styg die temperatuur. Die temperatuur kan maklik met tot 30° C of meer per kilometer styg. In Suid-Afrika styg dit egter met ongeveer 10° C per kilometer, wat diepmynbou vergemaklik. Nadele van geslote myne[wysig | wysig bron] Mense verkies om oopgroefmyne, eerder as geslote myne te bou. Skagte word slegs aangelê as die delfstof te diep of te ver uitgesprei (soos in 'n geologiese aar) is. Daar is verskeie redes hiervoor: - Verskeie tegniese probleme moet oorkom word, soos die afvoer van grondwater en die sirkulasie van lug in ondergrondse tonnels. Om grondwater te bekamp vereis ingewikkelde pomp- en/of vries-installasies. Om lug te sirkuleer word meer as een skag benodig (een vir die insuig van vars lug, en een waar dit uitgeblaas kan word). - Die produksieprys is hoër. Die rede hiervoor is omdat energie gebruik word om arbeid, toerusting en die delfstof tussen die grondvlak en ondergrondse mynvlakke te beweeg. Baie myne het hulle eie kragsentrale om die probleem te oorkom. - Die risiko van ongevalle is groter. As die myngange nie voldoende gestut is nie, kan hulle onder die enorme gewig van die boliggende grond insak. In koolstofhoudende lae kan gas wat maklik kan ontvlam voorkom (aardgas, metaangas, ens), wat 'n brandrisiko skep. - Mense asem die stof wat vrygestel word in, wat op die lang termyn silikose ('n longsiekte) kan veroorsaak en tot groot eise teen mynmaatskappy kan lei.
<urn:uuid:92b808d5-c488-4513-840c-ee67449aea76>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Geslote_myn
2019-07-24T02:47:03Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530250.98/warc/CC-MAIN-20190724020454-20190724042454-00312.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
1.000007
true
Katherine Dunham Katherine Dunham (22 Junie 1909 – 21 Mei 2006) was 'n Amerikaanse aktrise. Sy was bekend vir haar rolle in die rolprente Star Spangled Rhythm (1942), Pardon My Sarong (1942), en Música en la noche (1958). Katherine Dunham | | Geboortenaam | Katherine Mary Dunham | ---|---| Geboorte | 22 Junie 1909 | Nasionaliteit | Amerikaans | Sterfte | 21 Mei 2006 (op 96) | Beroep(e) | Aktrise | Internet-rolprentdatabasis-profiel | FilmografieWysig RolprenteWysig - 1942: Star Spangled Rhythm - 1942: Pardon My Sarong - 1958: Música en la noche
<urn:uuid:e412e262-c331-447a-871a-fd6c532f999e>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Katherine_Dunham
2019-07-16T14:26:24Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524568.14/warc/CC-MAIN-20190716135748-20190716161748-00496.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.997121
false
Carl Sandburg Carl August Sandburg (6 Januarie 1878 – 22 Julie 1967) was 'n Amerikaanse digter, geskiedkundige, romanskrywer, balladesanger en volkskundige. Hy is in Galesburg (Illinois) van arm Sweedse immigrante-ouers gebore en in sy huis Connemara in Flat Rock (Henderson-distrik, Noord-Carolina) oorlede. Carl Sandburg | | Carl Sandburg in 1955 Gebore | 6 Januarie 1878 Galesburg, Illinois | ---|---| Oorlede | 22 Julie 1967 (op 89) Flat Rock, Henderson County, Noord-Carolina | Nasionaliteit | Verenigde State | Ouers | August Sandberg Clara Mathilda (née Anderson) | Beroep | joernalis, skrywer | Bekend vir | Abraham Lincoln Rootabaga Stories | Eerbewyse | Pulitzerprys 1919, 1940, 1951 | Huweliksmaat | Lilian Steichen | Kind(ers) | Margaret, Helga en Janet | Sandburg was ook 'n suksesvolle joernalis, biograaf en outobiograaf. Tydens sy loopbaan het hy twee keer die Pulitzerprys gewen: vir sy biografie oor Abraham Lincoln (Abraham Lincoln: The War Years, 1940) en sy digbundel The Complete Poems of Carl Sandburg (1950). Carl Sandburg word dikwels as die stem van die Amerikaanse Midweste en die Nywerheidstydperk genoem. Hy was 'n volksdigter, wat in sy werk 'n soort mistiese vaderlandsliefde met sosiale betrokkenheid verbind het. Baie van sy werke is aan die woelige stede van die Midweste gewy soos sy mees bekende gedig Chicago: Hog Butcher for the World Tool Maker, Stacker of Wheat | BiografieWysig Op die ouderdom van dertien jaar het hy die skool verlaat om as 'n arbeider geld te verdien en deur die Amerikaanse Weste te trek. Dit was die beginpunt van sy lewenslange toewyding aan sy land en sy volk. Ná sy diensplig gedurende die Spaans-Amerikaanse Oorlog, waartydens hy in Puerto Rico gestasioneer was, maar nie aan gevegte deelgeneem het nie, het hy by die Lombard-kollege in Galesburg ingeskryf, waar sy eerste gedigte ontstaan het. Nadat hy sy graad behaal het, het Sandburg in Milwaukee (Wisconsin) as joernalis gewerk. In die jare 1907 en 1908 het hy as distrik-organiseerder vir die Sosiaal-Demokratiese Party in Wisconsin en in die tydperk tussen 1910 en 1912 as die sekretaris van Milwaukee se Sosialistiese burgemeester Emil Seidel gedien. In 1908 het hy met Lilian Steichen getrou, die suster van die bekende fotograaf Edward Steichen. Ná sy verhuising na Chicago het hy vanaf 1917 as hoofredakteur van die dagblad Daily News gewerk. Van sy gedigte het in 'n leidende poësietydskrif verskyn, en sy eerste digbundel, Chicago Poems, is al in 1916 gepubliseer. Met werke soos Cornhuskers (1918), Smoke and Steel (1920) en Slabs of the Sunburnt West (1922) het hy vinnig sy reputasie as een van die beduidendste en kleurrykste Amerikaanse digters verwerf. Sy bekende versameling van kinderstories, wat hy oorspronklik vir sy dogters geskryf het, Rootabaga Stories, het eweneens in 1922 verskyn. Latere suksesvolle digbundels het Good Morning, America (1928), The People, Yes (1936) en Harvest Poems 1910-1960 (1960) ingesluit. Remembrance Rock (1948), 'n epiese werk oor die geskiedenis van Amerika, was die enigste roman wat Sandburg geskryf het. In die tydperk tussen 1926 en 1939 was hy merendeels werksaam met die ses boekdele van sy biografie oor Abraham Lincoln. In hierdie werk, wat nog steeds as die mees gesaghebbende oor Lincoln beskou word, beskryf hy die president as die vleesgeworde Amerikaanse gees. Vir sy biografie is hy in 1939 met die Pulitzer-prys in geskiedkunde bekroon. Daarnaas het hy as volksanger rondgetrek en sowat 280 volkswysies en -liedere versamel wat in 1927 as The American Songbag verskyn het. Die Amerikaanse volksmusiek het sy belangstelling gewek toe hy op 19-jarige ouderdom na die graanboustreke van Kansas getrek het om daar werk te soek, en in die twintigerjare het begin om volkswysies te versamel. Sy Songbag het bewys dat die Amerikaanse volksmusiek met sy Britse eweknie kon meeding en was een van die eerste sangbundels wat Afro-Amerikaanse wysies en liedere bevat het. Sandburg se outobiografie, Always the Young Strangers, het in 1953 verskyn. Van sy beste poësie het in die laat digbundel Honey and Salt in 1963 verskyn, waar hy duidelik wegbeweeg het van sy vroeëre ideologies-realistiese grondslag na 'n styl wat sy simpatie teenoor mense, wat hy ontmoet het, oortuigend tot uitdrukking bring. In die 1960's het hy nog steeds lesings gegee en ook die wêreld van televisie aangedurf, waar hy verskeie kere sy liedere gesing, kitaar gespeel en uit sy werke gelees het. Carl Sandburg is op 22 Julie 1967 op Connemara, die plaas van sy gesin, oorlede. Chronologiese oorsig oor sy belangrike werkeWysig - 1916 - Chicago Poems. Met sy gedig Chicago, wat in vrye versvorm geskrewe was en van die omgangstaal gebruik gemaak en in die tydskrif Poetry verskyn het, het Sandburg reeds in 1914 erkenning vir sy digkuns gekry. Dit is een van sy beste gedigte in sy eerste bundel naas ander vroeë juwele soos Fog, Grass, I Am the People, the Mob, Nocturne in a Deserted Brickyard en To a Contemporary Bunk Shouter. Net soos die poësie van Walt Whitman word ook Sandburg se werke geïnspireer deur die diversiteit en lewenskrag van Amerika en sy mense. - 1918 - Cornhuskers bevat van Sandburg se mees kenmerkende digkuns en is in 1919 met 'n spesiale Pulitzer-prys bekroon. Bekende gedigte in die bundel sluit Cool Tombs en Prairie in. - 1920 - Smoke and Steel is 'n eerbetoon aan Amerika se werkersklas, soos al uit die titelgedig, Prayers of Steel en The Sins of Kalamazoo blyk. - 1922 - Slabs of the Sunburnt West is 'n eerbetoon aan Amerika se landskapsvorme, wat onder meer die lang gedig The Windy City bevat. In hierdie gedig, wat aan die stad Chicago gewy is, span Sandburg onder meer omgangstaal en ryk beelde in. - 1922 - Rootabaga Stories is een van Sandburg se elf kinderboeke en oorspronklik vir sy eie dogters geskryf. Die Rootabaga Stories is vervolg deur Rootabaga Pigeons (1923) en Potato Face (1930). - 1926 - Abraham Lincoln: The Prairie Years. Die eerste twee van uiteindelik ses boekdele behandel die eerste een-en-vyftig jare van Abraham Lincoln se lewe voordat hy president geword het. Die biografie se impressionistiese styl en prosagedig-vorm was ongewoon. - 1928 - Good Morning, America. Sandburg het sy eerbetoon aan die Amerikaanse lewensstyl in vryevers-liriek geskryf, wat met sy outentieke volkstaalelemente die common sense van gewone Amerikaners uitbeeld. - 1936 - The People, Yes bied hierdie eerbetoon aan die Amerikaanse werkersklas in 'n tipiese Walt Whitman-styl aan, wat onder meer op volkstaal en volksverhale steun. - 1939 - Abraham Lincoln: The War Years se vier boekdele sluit by Sandburg se vroeëre Lincoln-biografie aan en behandel die presidentskap. Aangesien die Pulitzer-prys nie vir werke oor George Washington of Abraham Lincoln mag toegeken word nie, is hierdie uitstekende werk in die geskiedenis-kategorie met dié prys bekroon. - 1943 - Home Front Memo reflekteer die gebeure van die Tweede Wêreldoorlog in toesprake, verse, kommentare en radioprogramme. - 1948 - Remembrance Rock verskyn as Sandburg se eerste en enigste roman. Die patriotiese verhaal behandel die landing van die Pelgrimvaders, die Amerikaanse Rewolusie en die Amerikaanse Burgeroorlog. - 1950 - Complete Poems: Vir sy kompilasie van gedigte, wat in die tydperk tussen 1910 en 1950 ontstaan het, word Sandburg met die Pulitzer-prys bekroon. Sandburg lewer in die digbundel kommentaar op sy werke en die omstandighede van hulle ontstaan. - 1963 - Honey and Salt is Sandburg se laaste digbundel, waarin hy sowel van die styl van sy vroeëre werke laat herleef, asook nuwe digkuns van meeslepende krag oplewer soos in die titelgedig en Foxgloves.
<urn:uuid:ebb052cc-121a-4198-a6a2-be1c244882c9>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Carl_Sandburg
2019-07-20T07:14:48Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526489.6/warc/CC-MAIN-20190720070937-20190720092937-00416.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999981
false
Hulp Bladsye wat na "1036" skakel ← 1036 Jump to navigation Jump to search Skakels hierheen Bladsy: Naamruimte: alle (Hoof) Bespreking Gebruiker Gebruikerbespreking Wikipedia Wikipediabespreking Lêer Lêerbespreking MediaWiki MediaWikibespreking Sjabloon Sjabloonbespreking Hulp Hulpbespreking Kategorie Kategoriebespreking Portaal Portaalbespreking Module Module talk Gadget Gadget talk Gadget definition Gadget definition talk Omgekeerde seleksie Filters Versteek insluitings | Versteek skakels | Versteek aansture Die volgende bladsye skakel na 1036 : Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). 11de eeu ( ← skakels wysig ) 1136 ( ← skakels wysig ) 1026 ( ← skakels wysig ) 1031 ( ← skakels wysig ) 1032 ( ← skakels wysig ) 1033 ( ← skakels wysig ) 1034 ( ← skakels wysig ) 1035 ( ← skakels wysig ) 1037 ( ← skakels wysig ) 1038 ( ← skakels wysig ) 1039 ( ← skakels wysig ) 1040 ( ← skakels wysig ) 1041 ( ← skakels wysig ) 1046 ( ← skakels wysig ) 936 ( ← skakels wysig ) 15 Mei ( ← skakels wysig ) Kiëf-Roes ( ← skakels wysig ) Eduard die Belyer ( ← skakels wysig ) Bespreking:1036 ( ← skakels wysig ) Vuurrot (astrologie) ( ← skakels wysig ) Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/1036 " Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Gereedskap Spesiale bladsye Drukbare weergawe Ander tale Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:36cdc6ce-801e-44ad-b0a7-7aeaddd683ac>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/1036
2019-07-20T07:38:57Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526489.6/warc/CC-MAIN-20190720070937-20190720092937-00416.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998991
false
Basildon in Wikipedia, die vrye ensiklopedie Jump to navigation Jump to search Basildon Basildon Koördinate: 51°34′0″N 0°28′0″O / 51.56667°N 0.46667°O / 51.56667; 0.46667 Koördinate : 51°34′0″N 0°28′0″O / 51.56667°N 0.46667°O / 51.56667; 0.46667 Land Verenigde Koninkryk Bevolking (2010) - Dorp 169 822 Basildon is 'n dorp in die Engelse graafskap Essex met sowat 170 duisend inwoners. Hierdie artikel is ’n saadjie . Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei . Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Basildon&oldid=1695097 " Kategorie : Nedersettings in Essex Versteekte kategorieë: Koördinate op Wikidata Saadjies Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Ander projekte Wikimedia Commons Druk/eksporteer Skep boek Laai af as PDF Drukbare weergawe Gereedskap Skakels hierheen Verwante veranderings Spesiale bladsye Permanente skakel Bladinligting Wikidata-item Haal dié blad aan Ander tale Azərbaycanca تۆرکجه Беларуская Беларуская (тарашкевіца) Български Català Cebuano Cymraeg Dansk Deutsch English Esperanto Español فارسی Suomi Français Gaeilge Íslenska Italiano 日本語 한국어 Lietuvių Македонски Nederlands Norsk nynorsk Norsk Polski Português Română Русский Srpskohrvatski / српскохрватски Simple English Slovenčina Српски / srpski Svenska Türkçe Татарча/tatarça Українська Volapük 中文 Wysig skakels Die bladsy is laas op 22 Julie 2018 om 22:09 bygewerk. Die teks is beskikbaar onder die lisensie Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel . Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting. Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:1bfc5768-58b3-410d-a993-02c076e2ff85>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Basildon
2019-07-24T03:18:46Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530250.98/warc/CC-MAIN-20190724020454-20190724042454-00336.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.992912
false
OpenOffice.org OpenOffice.org | | Aanvanklike vrystelling | 30 April 2002 | ---|---| Programmeertaal | C++ en Java | Bedryfstelsel | Windows, Mac OS X, Linux, Solaris | Beskikbaar in | Meer as 110 tale | Kategorie | Kantoorpakket | Lisensie | LGPL | Webblad | OpenOffice | OpenOffice.org (OOo) (nie "Open Office" nie, vanweë 'n handelsmerkkonflik) is 'n kantoorpakket en is 'n belangrike voorbeeld van oopbronsagteware. Die lisensie waaronder die pakket versprei word is die LGPL. (Dit is vroeër ook onder die SISSL versprei.) Inhoud Doelstelling[wysig | wysig bron] OpenOffice.org is 'n oopbronprojek met die volgende doelstelling: - Om as 'n gemeenskap, die internasionaal toonaangewende kantoorpakket te skep, wat op al die vernaamste platforms loop en toegang tot alle funksionaliteit en data gee deur oop komponentgebaseerde API's en 'n XML-gebaseerde lêerformaat. Verder is OpenOffice.org die produk wat in hierdie konteks ontwikkel word: 'n kantoorpakket wat vir iedereen gratis is met modules vir woordverwerking, sigblad, vektorgrafieke, HTML-bewerking, voorleggings en databasisse. Wat funksieomvang en bediening betref, is dit vergelykbaar met die bekende (nie vrye) kantoorpakkette en kan as alternatief daarvoor oorweeg word. Tuis, en in baie gevalle ook in die bedryf, kan dit uitstekend bruikbaar wees. Sommige rekenaarwinkels bied OpenOffice.org aan as opsie aan by aankoop van 'n rekenaar. Programmeerders mag die bronkode as beginpunt gebruik, aanpassings aanbring, en selfs kommersialiseer. Geskiedenis[wysig | wysig bron] In 1984 word die duitse firma Star Division in Lüneburg/Duitsland opgerig deur die 16-jarige Marco Börries (die duitse Bill Gates), waarvan die kantoorpakket StarOffice die hoofproduk word. Nadat StarOffice meer as 25 000 000 verkoop is, word Star Division vir meer as 70 miljoen dollar oorgeneem deur Sun Microsystems waarna Sun StarOffice 5.2 vir kostelose aflaai aanbied. Op 19 Julie word die OpenOffice.org projek deur Sun Microsystems aangekondig en op 13 Oktober 2000 het die webwerf OpenOffice.org aanlyn gegaan, waarvan die bronkode van StarOffice 6.0 gelaai kon word. Hierdie was op daardie stadium ongeveer 400 megagrepe groot en het bestaan uit 35 000 lêers met gesamentlik sowat 7 000 000 reëls C++-kode. Komponente van derde partye gelisensieer is uit die kode verwyder. Build 638c – die eerste funksionerende weergawe – word in Oktober 2001 uitgebring. OpenOffice.org 1.0 is op 1 Mei 2002 en OpenOffice.org 1.1 op 2 September 2003 uitgebring. Op 20 Oktober 2005 het weergawe 2.0 gevolg. Die huidige weergawes van StarOffice is gebaseer op Openoffice.org en word deur Sun uitgebrei met die dele wat uit OpenOffice.org verwyderd is (bv. speltoetser, tesourus, databankmodule Adabas D, prente en Wordperfectlêerfilters). Daarnaas kry StarOffice-gebruikers toegang tot 'n professionele hulpburo. (OOo-gebruikers moet beroep doen op die gratis forums vir ondersteuning). Die gebruik van OpenOffice.org-kodes vir die nie oopbron StarOffice is moontlik, omdat Sun naas die GNU Lesser General Public License (LGPL) ook die Sun Industry Standards Source License (SISSL) hanteer. Ander OO.o Ontwikkelings[wysig | wysig bron] OxygenOffice Professional: 'n uitgebreide uitgawe van OpenOffice.org 2.3.1, wat ekstra lettertipes en 'n groter illustrasiepakket insluit. (OxygenOffice Build 1) Modules[wysig | wysig bron] Die pakket bestaan uit die volgende programme: - Writer vir teksdokumente en HTML-dokumente - Calc vir sigblaaie (ontledingstate) - Draw vir tekeninge (vektorgrafieke) - Impress vir voorleggings (vergelykbaar met PowerPoint) - Math vir formules - Base vir databasiswerk Hierdie programme kan lêers in verskillende formate open en stoor. Hulle kan ook na PDF uitvoer. Lêerformaat[wysig | wysig bron] Die lêerformaat van OpenOffice.org is deur die Organisasie vir die Bevording van Gestruktureerde Inligingstandaarde (OASIS) as basis vir die nuwe uitwisselingsformaat, OpenDocument, gebruik, wat ook die standaardformaat vanaf weergawe 2.0 van OpenOffice.org is. Die XML-lêers is saamgepers en gebruik hierdeur baie min hardeskyfruimte. Hierdeur kan mens hierdie ook uitpak en die teksinhoud met enige teksredigeerder bekyk of ook met ander programme verander. So is dit byvoorbeeld moontlik om programme te skryf wat outomaties vorms met inhoud van 'n databasis invul. Ook het gebruikers 'n redelike sekerheid dat hulle na baie jare nog sonder probleem lêers sal kan lees, wat vir digitale argiewe 'n belangrike voordeel is, en 'n oorwegende rol gespeel het in party organisasies se oorweging van OpenOffice.org. OpenOffice.org het in Europa 'n aantal belangrike suksesse behaal; tans skakel steeds meer openbare Europese instellings oor na OpenOffice.org. So het die Franse polisie byvoorbeeld aangekondig dat hulle 80 000 lessenaarrekenaars van Microsoft Office na OpenOffice.org gaan migreer. Die Europese Unie beplan om die OASIS-dokumentformaat as amptelike norm voor te skryf, waarna alle owerhede in Europa verplig sal wees om hulle dokumente in hierdie formaat te stoor. Die OpenDocument-lêerformate is nie identies aan die vorige OpenOffice.org-lêerformate nie. Lêers wat met weergawe 2.0 in OpenDocument-formaat gestoor is, kan nie met weergawe 1.1.4 geopen word nie. Met weergawe 1.1.5 is dit egter moontlik om hierdie nuwer lêers te open, te bewerk en in die formaat van weergawe 1.x te stoor. Omgekeerd kan weergawe 2.0 alle lêerformate van vroeëre weergawes verliesvry inlees en wegskryf. Of die beplande ISO-standaard 'n nuwe verandering van die formaat sal inhou, is nog nie duidelik nie. Prestasies in Suidelike Afrika[wysig | wysig bron] Deur die feit dat enigeen OpenOffice.org kan aanpas, uitbrei en vertaal, het OpenOffice.org die eerste kantoorpakket geword wat beskikbaar is in die endemiese tale van Suid-Afrika [1]. Dit is sedert Augustus 2004 in Afrikaans beskikbaar. Sien ook[wysig | wysig bron] Eksterne skakels[wysig | wysig bron] Wikimedia Commons bevat media in verband met OpenOffice.org. | - openoffice.org – Amptelike webwerf van die OpenOffice.org-projek - Translate.org.za – die tuiste van die Afrikaanse weergawe van OpenOffice.org, Aanlyn vertaling van OpenOffice.org in Suid-Afrikaanse tale - Afrikaanse speltoetser vir OpenOffice.org - OpenOffice.org Suid-Afrika - Die beginsels van Calc – Wikiboek oor OpenOffice.org (Nederlands)
<urn:uuid:d544668e-c241-4ea9-b17e-4e25da633802>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/OpenOffice.org
2019-07-24T03:03:52Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530250.98/warc/CC-MAIN-20190724020454-20190724042454-00336.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999796
false
Lockheed P-80 Shooting Star Lockheed P-80 Shooting Star | | ---|---| P-80A 44-85004 | | Tipe | Vegvliegtuig | Vervaardiger | Lockheed, Verenigde State | Ontwerp deur | Clarence "Kelly" Johnson | Nooiensvlug | 8 Januarie 1944 | Bekendstelling | 1945 | Status | Onttrek | Hoofgebruiker | Amerikaanse Lugmag Amerikaanse Vloot | Aantal gebou | 1 715 | Eenheidskoste | VS$110 000 in 1945 | Weergawes | Lockheed T-33 Shooting Star Lockheed F-94 Starfire | Die Lockheed P-80 Shooting Star was die eerste vegvliegtuig wat operasioneel gebruik is deur die United States Army Air Forces (USAAF). Dit is deur Lockheed ontwerp en gebou in 1943, en met die eerstes afgelewer slegs 143 dae na die begin van die ontwerpproses, kon produksiemodelle vlieg, maar was nie gereed vir gevegsdiens aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog nie. Die tipe was ontwerp met reguit vlerke, en het aan groot konflikte in Suid-Korea deelgeneem as die Amerikaanse Lugmag se F-80. As Amerika se eerste suksesvolle turbostraler-aangedrewe vegvliegtuig, het dit die straler-era in die USAAF ingelei, maar is oorheers deur die verskyning van die geveegde vlerk transsoniese MiG-15 en is gou vervang in die lugoormagsrol deur die transsoniese North American F-86 Sabre. Die F-94 Starfire, 'n alleweer onderskepper op dieselfde lugraam, het ook in die Korea-oorlog diens gedoen. Die nouverwante T-33 Shooting Star opleier het in diens van die Amerikaanse Lugmag en Vloot gebly tot in die 1980's. Baie dien steeds in 'n militêre rol of is in privaatbesit. Sien ook[wysig | wysig bron] Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
<urn:uuid:383a9721-d2da-47a0-8728-af62669522a9>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Lockheed_P-80_Shooting_Star
2019-07-16T15:18:39Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524568.14/warc/CC-MAIN-20190716135748-20190716161748-00520.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999905
false
’n Transformerende Bybelreis om die waarheid van die Skrif vir vandag te ontsluit Book Title: Ontsluit die Bybel: ’n Omvattende studie oor die Ou en Nuwe Testament Author: S. Joubert & L. Maré ISBN: 978-1-4316-0606-1 Publisher: Christelike Uitgewersmaatskappy, Vereeniging, 2015, R299.95* *Book price at time of review Review Title: ’n Transformerende Bybelreis om die waarheid van die Skrif vir vandag te ontsluit Reviewer: Karel P. Steyn1 Affiliation: 1Reformed Church Potchefstroom East, South Africa Email: firstname.lastname@example.org Postal address: Postnet Suite 119, Private Bag X1288, Potchefstroom, South Africa How to cite this book review: Steyn, K.P., 2015, ‘’n Transformerende Bybelreis om die waarheid van die Skrif vir vandag te ontsluit’, In die Skriflig 49(1), Art. #1980, 2 pages. http://dx.doi.org/10.4102/ids.v49i1.1980 Copyright Notice: © 2015. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited. In Ontsluit die Bybel: ’n Omvattende studie oor die Ou en Nuwe Testament, bied Stephan Joubert en Leonard Maré ’n praktiese, populêr-wetenskaplike hulpmiddel aan die ernstige Bybelstudent. Hierdie publikasie is werklik, in die woorde van die skrywers, ‘…’n Bybelskool in boekvorm … ’n transformerende Bybelreis’ (bl. 17). Hierdie gedrukte Bybelskool bestaan uit drie dele wat telkens in ’n aantal Bybelreise opgedeel word om ’n totaal van 166 Bybelreise te beslaan. Elkeen van die drie dele van die publikasie, of die onderskeie kleiner afdelings in die groter dele van die publikasie, begin met ’n Bybelreis wat die agtergrond en konteks van daardie deel skets. Elkeen van hierdie drie inleidende Bybelreise skets dus die agtergrond waarteen die res van die Bybelreise in daardie betrokke deel of afdeling van die publikasie gelees moet word. Deel 1, genaamd, Hoe verstaan en gebruik ons die Bybel reg?, handel oor die konteks van die ontvanger of die aanhoorder van die Bybelteks. In hierdie gedeelte van die boek word daar basiese eksegetiese en hermeneutiese vertrekpunte gebied, gesien in die lig van die verskillende stromings en teologiese strome wat daar tans binne die universele kerk en die wêreld heers. Die nood vir die kontekstuele verstaan van die Skrif word bepleit, asook die noodsaak van die verrekening van die openbaringshistoriese lyne wat regdeur die Skrif aangetref word. Verder word verskeie reformatoriese standpunte oor die inspirasie van die Skrif, die werking van die Heilige Gees in Skrifverklaring en die gesag van die Skrif in hierdie eerste gedeelte uitgestippel. Deel 2 behandel die Ou Testament en word in drie kleiner gedeeltes verdeel, naamlik verhalende literatuur, wysheidsliteratuur en die profetiese boeke en dit beslaan Bybelreise 6–76. Elke boek van die Ou Testament word in hierdie gedeelte in breë trekke behandel. Telkens word die openbaringshistoriese lyne na die Nuwe Testament uitgewys. Elke Bybelreis bevat ook ’n aantal vrae wat die Bybelstudent begelei om die basiese eksegetiese en hermeneutiese vertrekpunte wat in Deel 1 neergepen is, toe te pas. Deel 3 wat die Nuwe Testament behandel, beslaan Bybelreise 77–166 en behandel die Evangelies, die briewe en die ander literatuur van die Nuwe Testament in die volgorde wat dit in die Skrif voorkom. Elke boek van die Nuwe Testament word met ’n inleidende Bybelreis begin wat die konteks, die skrywer en die ontstaanswerklikheid van elke boek weergee. Elke Bybelreis bevat ook vrae waardeur die Bybelstudent begelei word om die eksegetiese en hermeneutiese vertrekpunte op die verskillende genres van die Nuwe Testament toe te pas. Alhoewel die publikasie nie op volledigheid aanspraak maak nie, is dit tog opmerklik dat daar sekere openbaringshistoriese lyne is wat nie in hierdie publikasie aandag ontvang nie. Só is dit byvoorbeeld opvallend dat daar in Bybelreise 22 en 23, wat handel oor die lewe van Dawid volgens 1 en 2 Samuel, niks van die verbond wat God met Dawid opgerig het, vermeld word nie. Hier word dus ’n kritiese openbaringshistoriese lyn, wat ’n klimaks in die troonbestyging van Christus bereik, nie hanteer nie. Alhoewel sommige teologiese begrippe in die teks gedefinieer word, sou ’n volledige woordelys ’n groot aanwins tot die publikasie gewees het. Die gebruik van tydlyne in die publikasie sou verder tot die duidelike uiteensetting van die konteks van die verskillende dele in die Skrif kon bydra asook van die openbaringshistoriese lyne wat in die publikasie bespreek word. Van groot waarde in hierdie publikasie, is die beskrywing van die sosio-historiese konteks wat deurgaans aangetref word. Alhoewel Bybelreise 4 en 5 op ’n paar aspekte van die sosio-historiese konteks van die Nuwe Testament fokus, word daar regdeur die publikasie waardevolle insigte in die leefwêreld van die skrywers en die karakters gegee. In ’n era van relativisme en waar die gesag van die Skrif bevraagteken word, is hierdie publikasie van besondere waarde vir elke ernstige Bybelstudent. Alhoewel daar nie nuwe of oorspronklike perspektiewe op die Skrifwaarhede gegee word nie, bied hierdie publikasie waardevolle gereedskap aan elke leser waarmee die waarheid van die Woord aan die dag gelê kan word – ’n ware transformerende Bybelreis!
<urn:uuid:506a86ae-c760-4ce7-8200-3a0e739d29fc>
CC-MAIN-2019-30
https://indieskriflig.org.za/index.php/skriflig/article/view/1980/3398
2019-07-17T20:50:14Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525402.30/warc/CC-MAIN-20190717201828-20190717223828-00120.warc.gz
by
4.0
a_tag
false
true
{ "abbr": [ "by", "by" ], "in_footer": [ true, false ], "in_head": [ false, false ], "location": [ "a_tag", "a_tag" ], "version": [ "4.0", "2.0" ] }
false
false
Latn
afr
1.000002
false