text
string
id
string
dump
string
url
string
date
string
file_path
string
license_abbr
string
license_version
string
license_location
string
license_in_head
bool
license_in_footer
bool
potential_licenses
dict
license_parse_error
bool
license_disagreement
bool
language_script
string
language
string
language_score
float64
found_in_fw
bool
Rjoerik Rjoerik | | ---|---| Grootprins van Nowgorod | | Periode | 864 - 879 | Voorganger | Geen | Opvolger | Oleg | Huis | Rjoerik | Moeder | Oemila | Gebore | c. 830 | Oorlede | c. 879 | Rjoerik, Rurik of Hroerekr (Oudnoors: Rørik; Russies: Рюрик) was 'n Warangiër (Wiking) wat in 862 oor Ladoga (tans Staraja Ladoga) begin heers het. Daarna het hy die Holmgard-vesting naby Nowgorod gebou en die Rjoerik-dinastie gestig wat tot in die 16de eeu oor Kiëf-Roes en daarna Rusland regeer het. Die naam Rjoerik beteken "beroemde heerser". Sy presiese geboorte- en sterfdatum is nie bekend nie, maar die jaartalle 830 en 879 word dikwels genoem. Geskiedenis[wysig | wysig bron] Dit is nie heeltemal seker hoe Rjoerik aan die bewind gekom het nie. Die enigste inligting kom uit die 12de-eeuse Russiese Primêre Kronieke, waarin beweer word dat die strydende stamme in die gebied hom genooi het om oor hulle te heers en die orde te herstel. Sommige historici meen egter dat hy die gebied binnegeval het. Rjoerik het tot met sy dood aan die bewind gebly. Sy opvolger, Oleg, het die hoofstad in omstreeks 880 na Kiëf geskuif en dus die fondament gelê vir wat later as Kiëf-Roes bekendgestaan het. Dit het bly bestaan tot 1240, toe dit tydens die Mongoolse inval verslaan is. Herkoms[wysig | wysig bron] Sommige historici beskou Rjoerik as ’n legende uit die Russiese volkskunde. Tog word dikwels gegis oor sy herkoms. Volgens die Kronieke het Rjoerik behoort tot die volk Roes, ’n Warangiër-stam. In die 20ste eeu is gevind dat Ladoga, wat deur Rjoerik gestig sou gewees het, inderdaad in die middel van die 9de eeu ontstaan het. Erdewerk, kombuisgereedskap en huise uit Rjoerik se tyd toon tipiese Skandinawiese patrone.
<urn:uuid:8ebb731a-263e-4cd5-9b28-04f9a8d7f9b4>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Rjoerik
2019-07-21T11:07:57Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00258.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999992
false
Tweespruit Jump to navigation Jump to search Tweespruit | | Tweespruit se ligging in Vrystaat Koördinate: Koördinate: | | Land | Suid-Afrika | ---|---| Provinsie | Vrystaat | Distrik | Thabo Mofutsanyane | Munisipaliteit | Mantsopa | Oppervlak[1] | | - Dorp | 5,1 km² (2 vk m) | Bevolking (2011)[1] | | - Dorp | 5 791 | - Digtheid | 1 135/km² (2 939,6/myl2) | Rasverdeling (2011)[1] | | • Blank | 3.5% | • Indiër/Asiër | 0.3% | • Kleurling | 5.3% | • Swart | 90.5% | • Ander | 0.4% | Taal (2011)[1] | | • Sotho | 84.3% | • Afrikaans | 9.1% | • Engels | 2.0% | • Gebaretaal | 1.5% | • Ander | 3.1% | Skakelkode(s) | 051 | Sien ook[wysig | wysig bron] Verwysings[wysig | wysig bron] Verkeerdevlei | Excelsior | Clocolan | || Botshabelo | Ladybrand | ||| Tweespruit | |||| Dewetsdorp |
<urn:uuid:350af031-05a4-4c55-a2b9-75ca7dbae1ff>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Tweespruit
2019-07-21T10:57:30Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00258.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.695313
false
Bespreking:Wes-Europa Jump to navigation Jump to search Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Wes-Europa-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. | Artikelriglyne Daaglikse bladtrekke | |
<urn:uuid:9625ce01-e99c-4310-99c3-c1c2260ddd7f>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Wes-Europa
2019-07-22T16:22:30Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528141.87/warc/CC-MAIN-20190722154408-20190722180408-00418.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999959
false
Marburg Marburg | | Marburg se ligging in KwaZulu-Natal Koördinate: Koördinate: | | Land | Suid-Afrika | ---|---| Provinsie | KwaZulu-Natal | Distrik | Ugu | Munisipaliteit | Ray Nkonyeni | Stigting | 1882 | Oppervlak[1] | | - Dorpie | 0,38 km² (0,1 vk m) | Bevolking (2011)[1] | | - Dorpie | 1 355 | - Digtheid | 3 566/km² (9 235,9/myl2) | Rasverdeling (2011)[1] | | • Blank | 0.1% | • Indiër/Asiër | 87.0% | • Kleurling | 3.4% | • Swart | 9.1% | • Ander | 0.4% | Taal (2011)[1] | | • Engels | 88.3% | • Zoeloe | 6.1% | • Xhosa | 2.0% | • Afrikaans | 1.9% | • Ander | 1.7% | Poskode (strate) | 4252 | Poskode (posbusse) | 4252 | Skakelkode(s) | 039 | Marburg is 'n klein dorpie in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Dit het begin as 'n Noorweegse nedersetting naby Port Shepstone aan die KwaZulu-Natalse Suidkus. Die dorpie is in 1882 gestig deur 'n groep immigrante vanaf Bergen en elders. Die plek het sy karakter behou; daar is onder meer 'n Noorweegse kerk en ander inrigtings.[2] Die dorpie huisves hoofsaaklik Suid-Afrikaners van Indiër-herkoms (87%).
<urn:uuid:0d385407-76bf-451f-b4e9-78cc0f4c29b2>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Marburg
2019-07-24T01:02:32Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530246.91/warc/CC-MAIN-20190723235815-20190724021815-00018.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.984447
false
Margaret Bourke-White Margaret Bourke-White | | Bourke-White tuis, 1964. Gebore | 14 Junie 1904 New York, VSA | ---|---| Oorlede | 27 Augustus 1971 (op 67) Stamford, Connecticut | Nasionaliteit | Amerikaans | Beroep | Fotograaf | Huweliksmaat | Everett Chapman Erskine Caldwell | Margaret Bourke-White (14 Junie 1904 – 27 Augustus 1971) was ’n Amerikaanse fotograaf en dokumentêre fotograaf. Sy was die eerste buitelander wat toegelaat is om foto's van nywerhede in die Sowjetunie te neem, die eerste vroulike oorlogskorrespondent (en die eerste vroulike fotograaf wat toegelaat is om in oologsones te werk) en die eerste vroulike fotograaf vir die tydskrif Life – haar foto het op die eerste uitgawe verskyn.[1] Pryse[wysig | wysig bron] Van die pryse en grade wat sy gekry het, is: - Eredoktorsgraad: Rutgers-universiteit, 1948[2] - Eredoktorsgraad:: Universiteit van Michigan, 1951 [2] - Achievement Award, US Camera, 1963 [2] - Honor Roll Award, American Society of Magazine Photographers, 1964 [2] Verwysings[wysig | wysig bron] - [1] "The Last Days of a Legend," deur Sean Callahan op ’n Bullfinch Press-webtuiste oor die boek Margaret Bourke-White: Photographer, deur Sean Callahan; Besoek op 2 Julie 2006 - Gaze, Delia, red. (1997). Dictionary of Artists, Volume 1. Taylor & Francis. p. 1512. ISBN 1-884964-21-4, 9781884964213 Kontroleer |isbn= waarde: invalid character (help).
<urn:uuid:108bab3e-01ca-43d1-96c7-8b50aabf251e>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Margaret_Bourke-White
2019-07-24T00:54:51Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530246.91/warc/CC-MAIN-20190723235815-20190724021815-00018.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.997672
false
Gebruiker:AGrobler Jump to navigation Jump to search Huidiglik besig met[wysig | wysig bron] Ek is huidiglik besig met die baie sport (soos Rugby en Formule Een) bladsye. Dit interesseer my en ek gaan kyk hoe volledig ek dit kan maak. Ek doen hoofsaaklik die vertaling van die Engelse weergawes af. - 2009 Formule Een-seisoen en verwante artikels. - Kimi Raikkonen - Heinrich Brussow - Kategorie:Suid-Afrikaanse banke - Ek wil Nedbank, Standard Bank en FNB voltooi. Ek sien ABSA benodig ook 'n paar additionele inligting. Hulpvolle webwerwe[wysig | wysig bron] - ISO Standard - English country names and code elements - Twee letters: Soos bv. 'ZA' vir Suid-Afrika Kontak my[wysig | wysig bron] Hier.
<urn:uuid:be1741ad-fff7-4e5d-b4ca-b47e1b592742>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Gebruiker:AGrobler
2019-07-17T17:11:57Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525355.54/warc/CC-MAIN-20190717161703-20190717183703-00386.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999715
false
Serapeum 'n Serapeum is 'n tempel of ander godsdienstige instelling, gewyd aan die sinkretiese Helleens-Egiptiese god Serapis, wat fasette van Osiris en Apis saamgevat het in 'n vermenslikte vorm, soos aanvaar deur die Ptolemeïese Grieke van Alexandrië. Daar was verskeie sodanige godsdienssentrums, wat elk as 'n serapeion bekend gestaan het (Grieks: Σεραπεῖον) of, in die gelatiniseerde vorm daarvan, 'n serapeum.
<urn:uuid:0779c508-c734-489b-bb5e-6735ad493f19>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Serapeum
2019-07-17T16:47:45Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525355.54/warc/CC-MAIN-20190717161703-20190717183703-00386.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999966
false
Bladsygeskiedenis 8 Maart 2013 Verplasing van 1 interwikiskakels wat op [[d:|Wikidata]] beskikbaar is op d:q49748 k-21 Verplasing van 27 interwikiskakels wat op [[d:|Wikidata]] beskikbaar is op d:q49748 k-806 Legobot Verplasing van 1 interwikiskakels wat op [[d:|Wikidata]] beskikbaar is op d:q49748 k18:06 -21 Addbot Verplasing van 27 interwikiskakels wat op [[d:|Wikidata]] beskikbaar is op d:q49748 k17:36 -806
<urn:uuid:c2950b83-8a40-4415-a586-96e52010244c>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Geskiedenis/Palato-alveolaar
2019-07-20T06:03:08Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526446.61/warc/CC-MAIN-20190720045157-20190720071157-00146.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.948066
false
1829 Jump to navigation Jump to search 1829 | ◄ | 18de eeu | ◄19de eeu► | 20ste eeu | ► | Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal | Sien ook: Kategorie:1829 | Kalenders | | Niels Abel | | Die jaar 1829 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 29ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. Gebeure[wysig | wysig bron] - Juan Manuel de Rosas word diktator van Argentinië. - Rocket – die eerste stoomlokomotief (wat gebruik is vir passasiersvervoer) word in Engeland gebou. - 31 Maart – Pous Pius VIII volg Pous Leo XII op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk. - 5 April – Pous Pius VIII word gekroon deur kardinaal Giuseppe Albani. - 27 Julie – Pous Pius VIII stel Cesare Nembrini Pironi Gonzaga, biskop van Ancona en Umana en Remigio Crescini, O.S.B.Cas., biskop van Parma aan as kardinale. Geboortes[wysig | wysig bron] - 10 April – William Booth, 'n evangelis en stigter van die Heilsleër († 1912). - 5 Oktober – Chester A. Arthur, die een-en-twintigste President van die Verenigde State († 1886). Sterftes[wysig | wysig bron] - 10 Februarie – Pous Leo XII, die 252ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1760). - 6 April – Niels Abel, Noorweegse wiskundige (* 1802).
<urn:uuid:b7a065c5-867a-443d-ade4-9c6551709870>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/1829
2019-07-20T05:55:23Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526446.61/warc/CC-MAIN-20190720045157-20190720071157-00146.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999005
false
Durban Durban eThekwini/iTheku ( ) | 'n Uitsig oor Durban se binnestad, soos gesien vanaf die Moses Mabhidastadion | ||| Durban se ligging in KwaZulu-Natal Koördinate: Koördinate: | ||| Land | Suid-Afrika | || ---|---|---|---| Provinsie | KwaZulu-Natal | || Munisipaliteit | eThekwini | || Stigting | 1880[1][2] | || Regering | ||| - Burgemeester | Zandile Gumede (ANC) | || - Adjunk-burgemeester | Fawzia Peer | || Oppervlak[3] | ||| - Stad | 225,91 km² (87,2 vk m) | || - Metro | 2 297 km² (886,9 vk m) | || Hoogte | 6 m (20 vt) | || Bevolking (2011)[3] | ||| - Stad | 595 061 | || - Digtheid | 2 634/km² (6 822/myl2) | || - Metropolitaans | 3 442 361 | || - Metrodigtheid | 1 502/km² (3 890,2/vk m) | || Rasverdeling (2011)[3] | ||| • Blank | 15,3% | || • Indiër/Asiër | 24,0% | || • Kleurling | 8,6% | || • Swart | 51,1% | || • Ander | 0,9% | || Taal (2011)[3] | ||| • Engels | 49,8% | || • Zoeloe | 33,1% | || • Xhosa | 5,9% | || • Afrikaans | 3,6% | || • Ander | 7,6% | || Poskode (strate) | 4001 | || Poskode (posbusse) | 4000 | || Skakelkode(s) | 031 | || Webwerf: eThekwini-munisipaliteit | Durban (Engels: [ˈdœːbən]; Zoeloe: eThekwini, [ˈɛːʔtʰɛˌkwinĭ], afgelei van itheku, letterlik: "baai/lagoon"; vroeër Port Natal) is 'n hawestad in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika, langs die Indiese Oseaan met ongeveer 4 miljoen inwoners uit 'n diverse groep kulture. Dit is 'n gewilde vakansiebestemming weens sy goeie weer en die warm Agulhasstroom. Suid-Afrika se besigste hawe, Durban-hawe, is by Durban wat een van die wêreld se diepste natuurlike hawens is. Durban behels ook Suid-Afrika se derde besigste lughawe, die Koning Shaka Internasionale Lughawe, ná die O.R. Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg en die Kaapstad Internasionale Lughawe. Die eThekwini Metropolitaanse Munisipaliteit is een van Suid-Afrika se agt metropolitaanse munisipaliteite en volgens die sensus van 2011 die derde grootste metropolitaanse munisipaliteit van Suid-Afrika ná die Stad Johannesburg Metropolitaanse Munisipaliteit en die Stad Kaapstad Metropolitaanse Munisipaliteit. Durban is een van Afrika se grootste stede aan die Indiese Oseaan en Suid-Afrika se tweede belangrikste nywerheidsentrum ná Johannesburg. In 2000 het Durban saam met Umlazi en ander gebiede in die omgewing deel geword van die eThekwini Metropolitaanse Munisipaliteit met 'n geskatte bevolking van 3 442 361 in 2011. Sedert 2016 dien Zandile Gumede van die African National Congress (ANC) as uitvoerende burgemeester van Durban. Dit het die hoogste getal van dollarmiljoenêrs van enige Suid-Afrikaanse stad; die getal het tussen 2000 en 2014 met 200 persent gestyg.[4] In Mei 2015 is Durban amptelik erken as een van die New7Wonders-stede, saam met Vigan, Doha, La Paz, Havana, Beiroet en Kuala Lumpur.[5] Volgens 'n 2018-studie deur Mercer oor die lewenskwaliteit in 231 stede regoor die wêreld het Durban die 89ste plek verwerf, die tweede beste in Afrika net na Mauritius se Port Louis.[6] Inhoud - 1 Geografie en klimaat - 2 Geskiedenis - 3 Kuns en kultuur - 4 Boukuns - 5 Ekonomie - 6 Infrastruktuur - 7 Demografie - 8 Onderwys - 9 Sport - 10 Besienswaardighede - 11 Susterstede - 12 Sien ook - 13 Verwysings - 14 Bronne - 15 Eksterne skakels Geografie en klimaat[wysig | wysig bron] Geografie[wysig | wysig bron] Durban se stadsgebied streek langs die oostelike Suid-Afrikaanse kus tussen die Drakensberge in die ooste en die Indiese Oseaan in die weste. Die stad is amper op dieselfde breedtegraad soos die hawestad Porto Alegre in die Suid-Brasiliaanse deelstaat Rio Grande do Sul geleë. Die stad Durban beslaan 'n oppervlakte van 225,91 km², terwyl die metropolitaanse gebied van eThekwini 'n oppervlakte van 2 292 km² beslaan. Durban vorm die geografiese en politiese sentrum van die eThekwini Metropolitaanse Munisipaliteit. Die eThekwini Metropolitaanse Munisipaliteit word deur die distriksmunisipaliteite iLembe in die noorde, uMgungundlovu in die weste en Ugu in die suide begrens. Dié Metropolitaanse Munisipaliteit word deur vier rivierlope gekenmerk: Net noord van Durban se hawe mond die Umgenirivier in die Indiese Oseaan uit, die Umbilorivier vloei in die Durbanse hawe, in die verre suide bereik die Illovorivier tussen Illovo Beach en Illovo die see en nog verder suid eindig die Umkomazirivier by Umkomaas. Die eThekwini Metropolitaanse Munisipaliteit is in 2011 gevorm en sedert 2016 behoort die noordwestelike deel van die voormalige Vulamehlo Plaaslike Munisipaliteit tot die eThekwini Metropolitaanse Munisipaliteit, terwyl die suidoostelike deel by uMdoni Plaaslike Munisipaliteit ingelyf is. Die gebied rondom Mapumulo behoort sedertdien tot die eThekwini Metropolitaanse Munisipaliteit.[7] Klimaat[wysig | wysig bron] Durban is bekend vir sy gematigde, sonnige winterklimaat. Die stad het 'n oorvloed plantegroei en 'n subtropiese klimaat met sonskyn vir ten minste 320 dae per jaar. Gedurende die wintermaande van Junie, Julie en Augustus bly temperature tussen 16 °C en 25 °C en in die somer kan temperature 32 °C bereik met relatief hoë humiditeit. Durban se klimaat word deur die ewenaarstroom van die Indiese Oseaan voortgebring, die Agulhasstroom, wat 'n bron van warm, helderblou water is wat suidwes deur die Mosambiekkanaal vloei. Seewatertemperature aan die kus vergelyk meer gunstig met dié van die Mediterreense gebied in die somer (gemiddeld 24 °C), maar in die winter val die kwik selde onder 19 °C — Durban is sodoende 10 °C warmer as die Mediterreense gebied in dieselfde seisoen.[8] Weergegewens vir Durban | ||||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Maand | Jan | Feb | Mar | Apr | Mei | Jun | Jul | Aug | Sep | Okt | Nov | Des | Jaar | Hoogste maksimum (°C) | 36,2 | 33,9 | 34,8 | 36,0 | 33,8 | 35,7 | 33,8 | 35,9 | 36,9 | 40,0 | 33,5 | 35,9 | 40,0 | Gemiddelde maksimum (°C) | 26,1 | 26,5 | 25,4 | 23,0 | 20,3 | 18,1 | 17,5 | 17,8 | 19,2 | 21,3 | 23,5 | 24,9 | 22,0 | Gemiddelde temperatuur (°C) | 24,5 | 24,5 | 24,0 | 21,7 | 19,2 | 16,8 | 16,5 | 17,7 | 19,3 | 20,4 | 21,8 | 23,4 | 20,8 | Gemiddelde minimum (°C) | 21,1 | 21,1 | 20,2 | 17,4 | 13,8 | 10,6 | 10,5 | 12,5 | 15,3 | 16,8 | 18,3 | 20,0 | 16,5 | Laagste minimum (°C) | 14,0 | 13,3 | 11,6 | 8,6 | 4,9 | 3,5 | 2,6 | 2,6 | 4,5 | 8,3 | 10,3 | 11,8 | 2,6 | Neerslag (mm) | 134 | 113 | 120 | 73 | 59 | 28 | 39 | 62 | 73 | 98 | 108 | 101 | 1 009 | Sonskynure (u/d) | 5,9 | 6,3 | 6,5 | 6,9 | 7,2 | 7,5 | 7,4 | 7,0 | 5,8 | 5,5 | 5,5 | 6,1 | 6,5 | Reëndae (d) | 15,2 | 12,9 | 12,6 | 9,2 | 6,8 | 4,5 | 4,9 | 7,1 | 11,0 | 15,1 | 16,0 | 15,0 | 130,3 | Humiditeit (%) | 80 | 80 | 80 | 78 | 76 | 72 | 72 | 75 | 77 | 78 | 79 | 79 | 77,2 | Bron: World Meteorological Organization[9] NOAA[10] | Geskiedenis[wysig | wysig bron] Die eerste spore van menslike aktiwiteit is rotstekeninge in die nabye Drakensberge en sowat 100 000 jaar oud. Hulle was vermoedelik jagter-versamelaars en is deur Bantoevolke wat ná die suide migreer het, verdryf. Andersins is min oor die tydperk voor die aankoms van Europese koloniste bekend. Die gebied is voor die aankoms van die Europeërs deur Nguni beheer wat later die Zoeloes sou word. Portugese en Britse verkenning[wysig | wysig bron] Durban se natuurlike hawe is deur die Zoeloes Thekwini ("Strandmeer") genoem. Op 24 Desember 1497 het 'n klein vloot van drie Portugese skepe onder bevel van Vasco da Gama die Natalse kus verken. Oornag het die skepe in die windskadu van 'n landpunt voor anker gelê – moontlik was dit die Bluff. Na aanleiding van die datum – die volgende dag was Kersdag of 25 Desember – het Da Gama die gebied Terra do Natal genoem. Of die Portugese hier voet aan wal gesit het om varswater in te skeep is onbekend. Dit is egter onwaarskynlik aangesien die historiese bronne vermeld dat hulle drie dae later by die monding van die Limpoporivier aan land gestap het.[11] Na die baai is later verwys as Port Natal. Die Portugese het nie verder belang gestel in die baai wat deur wortelboommoerasse en digte bosse omring was nie; ook was daar reeds 'n geskikte hawe in die gebied van die huidige Mosambiekse hoofstad Maputo. In die volgende drie eeue het skepe van seerowers, ivoor- of slawehandelaars soms in Port Natal voor anker gelê. Daarnaas het die gebied as toevlugsoord vir Europese skipbreukelinge gedien. In die vroeë 19de eeu was die gebied ná die vestiging van 'n Britse Kolonie aan die Kaap weer in fokus. Kaptein James King en luitenant Francis George Farewell, albei eertydse offisiere van die Britse Vloot tydens die Napoleontiese Oorloë, was sakemanne met belange wat tot Delagoabaai gestrek het. As een van die vennote van The Farewell Trading Company wat opgerig is om in Natal handel met ivoor te dryf, het Farewell in Junie 1823 saam met James Saunders King aan die maatskappy se eerste handelsekspedisie na Natal deelgeneem en aan boord van die brik Salisbury na Natal vertrek. 'n Hewige seestorm het die bemanning genoodsaak om 'n beskermde ankerplek in die baai van Port Natal te vind. Die brik het uiteindelik by 'n eiland vasgemaak wat vervolgens sy naam sou dra. Die omliggende terrein is as die geskikte plek vir die vestiging van 'n permanente nedersetting geag. Britse handelspos[wysig | wysig bron] In die volgende jaar het Farewell met 'n klein groep van dertig setlaars uit Kaapstad – onder wie twintig Afrikaners en tien Britte – en sy drie Khoikhoi-bediendes na Port Natal teruggekeer. Nog in dieselfde jaar is die toestemming van die Zoeloekoning Shaka verkry om 'n handelspos te vestig wat as tussenstasie vir skepe op pad na Indië en as basis vir Farewell se ivoorhandel met die Zoeloes sou dien. Lewensomstandighede in die vroeë nedersetting, wat aan die baai se noordoewer naby die huidige Farewellplein ontstaan het, was moeilik. Toe Farewell se vrou in 1826 in Port Natal aangekom het, is sy in 'n eenvoudige rietdakskuur sonder vensters gehuisves. Geneesmiddels en ander benodigdhede was skaars. In 1827 is 'n ekspedisie na die Portugese nedersetting en seehawe in Delagoabaai gestuur. Onder leiding van John Ross, 'n vyftienjarige Skot, en in die begeleiding van ervare Zoeloes het die ekspedisie sy taak binne die kort tyd van drie weke bewerkstellig – wat gelykstaan aan 'n gemiddeld van meer as dertig myl per dag. Farewell is in 1829 deur Zoeloekrygers vermoor, maar die nedersetting, wat hy gevestig het, het geleidelik begin groei en is in 1835 ter ere van die destydse goewerneur van die Kaapkolonie, sir Benjamin D'Urban, genoem.[12] In dieselfde jaar was daar dertig blanke manlike bewoners wat handel gedryf het met ivoor, seekoeitande, buffelvelle, vee en mielies. Tydens die Groot Trek het Piet Retief Durban in 1837 bereik. In 1839 het die Voortrekkers die Natalia Republiek met die hoofstad in Pietermaritzburg, 80 km noordwes van Durban, gestig. Piet Retief en sy delegasie wou met die Zoeloekoning Dingaan oor grond onderhandel, maar die koning het hulle laat vermoor. Dingaan het sy halfbroer Shaka as koning opgevolg, maar was in teenstelling met hom egter vyandelik tenoor blankes gesind. Die moord op Piet Retief het tot spanning tussen Boere en Zoeloes gelei en in die Slag van Bloedrivier op 16 Desember 1838 geëindig, wat deur die Boeremagte gewen is. Aansluitend het die Boere die beheer oor Durban en die omliggende gebied oorgeneem. Britse koloniale bewind[wysig | wysig bron] Op 23 Mei 1842 het die Britte die Boere tydens die Beleg van Congella verslaan en die stad, destyds met 'n bevolking van sowat 1 200, oorgeneem. In 1843 het Natal 'n Britse kolonie geword en talle Britte het in Durban gevestig. Suikerrietplantasies is aangelê en suikerriet het die belangrikste uitvoer geword. Op 21 April 1854 word Durban as 'n dorp erken en kry sy eerste dorpsraad. Destyds het Durban 1204 blanke inwoners en op 15 Julie is die Natalkolonie as 'n aparte kolonie met sy hoofstad in Pietermaritzburg gestig.[13] Britse immigrasie[wysig | wysig bron] Die Angel-Saksiese element in Natal se bevolking is versterk deur die sogenaamde Byrne-setlaars – enkele honderd immigrante uit Engeland, Skotland en Ierland – wat in die tydperk tussen 1849 en 1851 op altesaam twintig skepe vanuit Groot-Brittanje en Ierland vertrek het en hulle in Durban en elders in die kolonie gevestig het. Hul immigrasie is volgens 'n skema georganiseer wat deur Joseph Charles Byrne, 'n boorling van Dublin, vanuit sy kantoor in Pall Mall East, Londen, bestuur is. Byrne se Natal Emigration and Colonization Office het voornemende Britse emigrante gewerf wat bepaalde beroepe soos boer, wamaker of smid moes uitoefen en aan hulle twintig akkers grond in Natal teen 'n prys van 5 sjieling per akker belowe. Byrne het 'n opmeter en ingenieur, John Swales Moreland, as sy agent in Natal aangestel. Maar met die aankoms van die setlaars het dit geblyk dat beskikbare landbougrond met 'n vrugbare laag bogrond en toegang tot voldoende water- en vuurhoutbronne – anders as wat verwag is – uiters skaars was. Verder was twintig akkers by verre nie voldoende vir lewensvatbare boerdery nie. Die setlaars het derhalwe elders grond teen bekostigbare pryse gekoop of hulle in een van die kolonie se jong nedersettings gevestig. Byrne se skema is in 1851 gestaak.[14] Victoriaanse handel- en hawestad[wysig | wysig bron] Die halfeeu tussen 1860 en die stigting van die Unie van Suid-Afrika in 1910 was 'n beslissende periode in Durban se geskiedenis waartydens die bevolking van sowat 8 000 tot 115 000 gegroei het (insluitend nedersettings in die omgewing). Groot dele van Durban is herbou en ontwikkel om in die behoeftes van 'n Victoriaanse handel- en hawestad te voorsien. Belangrike prestasies was die voorsiening van water en riolering ('n geleidelike proses wat vanaf 1860 tot die 1890's voortgeduur het), gas en elektrisiteit. Strate en paaie is opgemeet en van 'n permanente oppervlakte voorsien.[19] Vanaf die 1870's het grootskaalse suikerplantasies, wat langs die Natalse kus ontstaan het, bygedra tot Durban se ekonomiese welvaart, net soos die ontdekking van goud in Johannesburg in 1886 die uitbou van Durban se hawegeriewe aangedryf het. Die toevloei van Britse kapitaal en immigrante is weerspieël in Durban se Victoriaanse boukuns wat ook vandag steeds bydra tot die middestad se Europees-Britse karakter. Nuwe residensiële buurte soos Berea het op hoër geleë terrein ontstaan waar 'n aangename seebries waai. Laer geleë terreine is gedreineer en van die see geskei, terwyl trems die stad vanaf 1902 van 'n vroeë openbare vervoernetwerk voorsien het. Die vestiging van 'n goudmynbedryf aan die Witwatersrand het bygedra tot Durban se ekonomiese vooruitgang as hawestad. In 1904 is die uitbou van Durbanbaai tot 'n veilige diepwaterhawe voltooi. Opvallend in vergelyking met ander stedelike nedersettings in Suid-Afrika was die ruimtelike nabyheid van swart woonbuurte. Hulle het binne loopafstand van die middestad in die noord- en suidweste ontstaan. Hulle is doelgerig beplan as huisvesting vir mans wat Durban se dokke, spoorweë en fabrieke van mannekrag voorsien het. Welvarende blanke huishoudings het op manlike bediendes gesteun. Vroue het aanvanklik net 'n klein persentasie van die stedelike swart bevolking verteenwoordig. Spoorweë[wysig | wysig bron] In 1860 is Suid-Afrika se eerste spoorlyn deur die Natal Railway Company in Durban tussen die hawe en die binnestad in diens gestel. Hierdie spoorlyn is in 1876 deur die Natal Government Railways (NGR) oorgeneem. Met die bou van die NGR se spoornetwerk vorder die ekonomie van Natal, veral die uitvoer van suiker. Met die ontdekking van diamante in Griekwaland-Wes in 1868 en veral met die ontdekking van goud op die Witwatersrand in 1886 is die spoornetwerk uitgebrei om die gebiede toegang te gee aan Durban-hawe. Met die voltooiing van die spoorlyn tot Germiston in 1895 is Durban met die Witwatersrand en ook met die res van die spoornetwerk in Suider-Afrika verbind.[20] Nadat die spoorlyn Noord-Natal in 1889 bereik het, was dit maklik om steenkool vanaf Dundee na Durban te vervoer en Durban-hawe word 'n belangrike brandstofaanvullingplek vir stoomskepe.[21] Tot die opening van die Suezkanaal in 1869 was Durban die laaste Britse hawe in Afrika van Engeland onderweg na Brits-Indië en het dus as "laaste seehawe van die Britse Ryk" bekend gestaan. Met die voltooiing van 'n spoorwegverbinding met Johannesburg as die grootste en welvarendste buitepos van Britse beskawing in Suider-Afrika het stoomtreine vanaf 1890 naas mineraalvrag nog iets waardevols na Durban geneem – die eerste Victoriaanse toeriste uit die Goudstad wat in die Natalse seeklimaat kom ontspan het. Duitse en Indiese immigrasie[wysig | wysig bron] Rondom 1850 het veral twee groepe Duitsers in Natal gevestig: die Bergtheil-Koloniste en die Hermannsburgse Sendelinge. Veral verskeie kerkgeboue en verskeie Duitse vanne in die hedendaagse gebied getuig daarvan. Kort ná die Britse anneksasie van Natal is in die vroeë 1840's pogings aangewend om 'n plaaslike katoenbedryf te vestig en 'n eie onderneming opgerig om die doel te bereik, die Natal Cotton Company. Een van sy direkteurs, Jonas Bergtheil, het na Duitsland gereis om immigrante te werf wat bereid sou wees om katoen in die kolonie te verbou. Natal was vir voornemende Duitse immigrante 'n minder aantreklike bestemming, maar uiteindelik het Bergtheil die belangstelling gewek van 'n groep Duitsers in Bramsche, 'n nedersetting in die Osnabrücker Land-streek van die destydse Koninkryk Hannover (tans in die deelstaat Nedersakse geleë), wat bereid was om hulle hier te vestig. Die Bergtheil-setlaars het in New Germany, 'n nedersetting net buite die destydse Port Natal, met katoen begin boer, maar pogings om die gewas kommersieel te verbou het misluk. Sommige van die Duitse immigrante het in plaas daarvan met groente begin boer waarvoor die groeiende hawestad 'n geskikte mark was. Die Natal Cotton Company is vervolgens ontbind, en baie van die Duitse koloniste het hulle verder landinwaarts in Pietermaritzburg en in die omgewing van New Hanover gevestig. Die aanwesigheid van die Bergtheil-setlaars in Natal en die inset van hul pastoor, Sendeling Posselt van die Berlynse Sendinggenootskap, was die aanleiding vir die eerste groep van Duitse Hermannsburg-sendelinge se besluit om hulle in Natal te vestig nadat hulle toegang tot Ethiopië geweier is.[22] In die laat 19de eeu arriveer duisende Indiese landarbeiders in die besige stad se plantasies en hulle nakomelinge vorm vandag die belangrike Indiese element van die plaaslike bevolking. Tydens sy verblyf in Suid-Afrika tussen 1893 en 1915 werk die Indiese politikus Mahatma Gandhi vir 'n lang tydperk as 'n advokaat in Durban. Hier het hy die Natalse Indiër Kongres (NIK) gestig, wat later met die ANC sou saamsmelt. In 1915 het Gandhi na Indië teruggekeer en by die Indian National Congress (INC) aangesluit. Durban in die Unie van Suid-Afrika[wysig | wysig bron] Van 12 Oktober tot 5 November 1908 vind die eerste byeenkoms van die Nasionale Konvensie onder die leierskap van Lord Henry de Villiers in Durban plaas. Die doel van hierdie konvensie is om 'n ooreenkoms van óf 'n unie óf 'n federasie van vier Britse kolonies te maak. Die tweede byeenkoms vind in Kaapstad plaas en op 31 Mei 1910 is die Unie van Suid-Afrika gestig.[24] Met die implementering van die Apartheidwette in Suid-Afrika in 1950 het ook Durban se nie-Blankes gedwonge verskuiwings uit die middestad in die gesig gestaar en hulle is veral na voorstede soos Umlazi verplaas. Durban in die nuwe Suid-Afrika[wysig | wysig bron] Met die einde van apartheid na die eerste vrye verkiesings in 1994 is nie-Blankes weer toegelaat om in die binnestad te vestig. Hulle vorm sedertdien die grootste bevolkingsgroep met Zoeloe as belangrikste huistaal, terwyl die blanke bevolking as gevolg van uitmigrasie na die snel groeiende voorstede en emigrasie na oorsese bestemmings merkbaar afgeneem het. Met die demokratiese ontwikkeling in Suid-Afrika het grootskaalse sosio-demografiese ontwikkelinge gepaard gegaan. Die eThekwini Metropolitaanse Munisipaliteit is in 1994 gestig en Sipho Ngwenya het die eerste swart burgemeester geword. Soos in die Johannesburgse voorstad Sandton het besighede hul kantore na die Durbanse voorstad en nuwe sakedistrik Umhlanga verskuif. Durban het ook al verskeie kere as spilpunt van internasionale organisasies opgetree, waarvan Suid-Afrika 'n lidland is en Suid-Afrikaanse presidente hul eweknieë vir vergaderings genooi het. Vanaf 2 tot 3 September 1998 het Durban as gasheerstad vir die Beweging van Onverbonde Lande se 12de vergadering onder leierskap van Nelson Mandela gedien. Tussen 12 en 14 November 1999 is hier die Britse Statebond se 16de Staatshoofdevergadering deur Thabo Mbeki aangebied. Op 9 Julie 2002 is die Afrika-unie in Durban gestig met Thabo Mbeki as eerste president. Vanaf 28 November tot 9 Desember 2011 het hier die 17de Verenigde Nasies se Klimaatberaad plaasgevind.[25] Tussen 26 en 27 Maart 2013 was Durban die gasheerstad vir die vyfde BRICS-spitsberaad onder leierskap van Jacob Zuma. Kuns en kultuur[wysig | wysig bron] Durban het 'n ryk kultuur met 'n gemengde inheemse Suid-Afrikaanse en Indiese invloed. Die stad staan bekend vir sy Indiese kookkuns met al die speserye gemeng met tradisionele Zoeloe-kookkuns. 'n Bekende voorbeeld vir Indiese kookkuns in Durban is Bunny chow, 'n eg Suid-Afrikaanse wegneemete. Musiek[wysig | wysig bron] Rockmusiek[wysig | wysig bron] Aangesien Durban hoofsaaklik 'n Engelssprekende streek is, is daar talle wit rockgroepe wat invloed vanuit die Verenigde State en Europa trek, nes vele ander groepe in die res van die land. Urban Creep was baanbrekers in die invoer van die sogenaamde "Durban-gevoel" in hul musiek.[28] In die afgelope jare het rockgroepe hul musiek professioneel begin produseer, wat tot die voortbrag van vele ateljeevervaardigde gehaltealbums gelei het.[28] Boukuns[wysig | wysig bron] Unie-tydperk: Berea-styl en Art Deco[wysig | wysig bron] Gedurende die tydperk tussen die twee wêreldoorloë het argitekte in Durban hulle begin losmaak van die voorheen oorheersende tradisionele ontwerpe wat sterk deur Britse boumeesters beïnvloed is. Klassieke stylelemente is steeds ingespan, maar beter aangepas aan die Suid-Afrikaanse konteks en die warmer klimaat. Nuwe boumateriale het hulle verskyning in die Durbanse argitektuur gemaak – waaronder kleidakteëls, bakstene en kleivloerteëls. Dikwels is geboue van pleisterversierings en kolonnades volgens die klassieke styl voorsien. 'n Eie plaaslike styl, die Berea-styl, het in die Uniejare na vore gekom. In hierdie styl is invloede uit die Spaanse argitektuur, die Internasionale Styl en Art Deco-elemente met mekaar versmelt. Durban se vooruitstrewende Indiese gemeenskap het sy eie vormtaal gevind vir sakegeboue met gemengde gebruik. Belangrike stylelemente was kolonnades, booggalerye en klassieke suile.[30] Durban se benadering van die boustyle vir openbare geboue was tradisioneel behoudend. Die vroeë 1930's was nogtans 'n periode van vernuwing op baie terreine. In die Unie van Suid-Afrika se buitelandse beleid het die kwessie van dominiumstatus sentraal gestaan. Die eerste minister Barry Hertzog het tydens Britse Rykskonferensies daarop gedring dat Suid-Afrika se onafhanklikheid binne die Britse Gemenebes, wat met die Statuut van Westminster in 1931 verkry is, verder gedefinieer moes word. Durbaniete het begin om hul lojaliteit aan die Verenigde Koninkryk as moederland en die Suid-Afrikaanse regering, waarin Afrikaners as die groter van die twee blanke volksgroepe 'n oorheersende rol begin speel het, teen mekaar op te weeg. Die oplossing was om 'n eie identiteit te vind wat die stad se maritieme agtergrond sou weerspieël. In terme van argitektuur is die nuwe tydsgees van 'n eie nasionale en tegelykertyd Durbanse identiteit vertolk deur die nuwe Art Deco-styl. Talle veelverdiepinggeboue, veral woonstelblokke, is in dié styl ontwerp. Durban se Moslem-handelaars het die Art Deco-geboue, wat hulle in Prins Edwardstraat laat oprig het, aangepas met stylelemente wat hul godsdienstige oortuigings weerspieël het. Die meeste ontwerpe vir Durbanse Art Deco-geboue is egter regstreeks aan Amerikaanse voorbeelde uit dié tyd ontleen en toon min inheemse variasies. Ekonomie[wysig | wysig bron] Die kusligging en die natuurlike hawe gee Durban 'n voordeel bo ander metropolitaanse gebiede in Suid-Afrika. Durban is die belangrikste nedersetting in die eThekwini Metropolitaanse Munisipaliteit, die ekonomiese spilpunt van KwaZulu-Natal. Handel en nywerhede het bygedra tot Durban se ontwikkeling. Die stad het tot die tweede belangrikste ekonomiese spilpunt van Suid-Afrika na Gauteng gegroei. Durban se ekonomie behels veral nywerhede, handel, logistiek, finansiële en regeringsinstellings asook toerisme. Naas die produserende bedryf is in die omgewing van Durban veral landbou met vee soos skape en beeste belangrik. Die stad se lang strande, warm klimaat en tradisionele Zoeloe-Riksjas is veral by toeriste gewild. In die jare ná die eerste demokratiese verkiesing in 1994 het groot getalle swartes hulle in die stadsgebied kom vestig – 'n proses wat net soos in Johannesburg met stedelike verval van die tradisionele sakesentrum gepaard gegaan het. Talle besighede het begin om hul kantore na die Durbanse voorstad Umhlanga te verskuif wat intussen net soos Sandton in Noord-Johannesburg as Durban se nuwe sakekern dien.[31] Umhlanga huisves die Koning Shaka Internasionale Lughawe wat in 2010 geopen is. Volgens die laaste sensus van 2011 het Durban 'n werkloosheidsyfer van 30,2% gehad, 'n daling teenoor die 43% van 2001. Sowat 60% van die bevolking is van drinkwater uit krane voorsien, 9% meer as in 2001. Amper 90% van die bevolking het toegang tot elektrisiteit gehad, 'n styging van 10% sedert 2001.[32] Infrastruktuur[wysig | wysig bron] Die stad beskik oor 'n internasionale lughawe, Koning Shaka Internasionale Lughawe, terwyl daar ook spoorverbindings met Gauteng is. Die stad is ook verbind met Port Elizabeth en die Noordkus met die N2-nasionale pad, terwyl die N3-nasionale pad hier begin en in Johannesburg eindig. Die twee nasionale paaie kruis mekaar by die "EB Cloete-wisselaar" in Westville. Die N2 tussen Durban en Kaapstad is sowat 1 600 km lank, Pretoria is sowat 620 km noordwes en Johannesburg sowat 570 km. Lughawens[wysig | wysig bron] Die Koning Shaka Internasionale Lughawe bedien Durban en is in die voorstad La Mercy geleë, sowat 35 km noord van die binnestad. Dié lughawe is op 1 Mei 2010, net voor die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010, geopen en het die Durban Internasionale Lughawe net suid van die binnestad vervang. Dit maak deel uit van die "Goue Driehoek" van Suid-Afrika, saam met die Kaapstad Internasionale Lughawe en die O.R. Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg. Dit is die negende besigste lughawe in Afrika en die derde besigste in Suid-Afrika, volgens data in 2016.[33] Die Koning Shaka Internasionale Lughawe het sy operasies met verbindings na Singapoer, Moembaai, Kigali, Luanda, Lilongwe en Nairobi begin. Die lughawe bied gereëlde vlugte na agt plaaslike bestemmings en gereelde geskeduleerde dienste na Doebai, Istanboel, Doha, Mauritius, Lusaka, Windhoek, Gaborone en Maputo. Vanaf 29 Oktober 2018 bied British Airways regstreekse vlugte na die Lughawe Londen-Heathrow aan.[34] In die noorde van Durban is die Virginia Lughawe langs die kus geleë. Die Lugmagbasis Durban van die Suid-Afrikaanse Lugmag is suid van die stad geleë. Dit het oorspronklik deel uitgemaak van Durban se ou Internasionale Lughawe. Seehawe[wysig | wysig bron] Die Durban-hawe is die grootste en besigste hawe in Afrika en is aan groot internasionale skeepsroetes geleë.[35] Durban is een van min natuurlike hawens tussen die tradisionele mededingers van Maputo en Port Elizabeth. Dit is Suid-Afrika se grootste houerhawe en huisves die vierde grootste houerterminaal in die Suidelike Halfrond. Durban se seehawe bedien Suid-Afrika tot by Gauteng asook Lesotho. Sedert die einde van die Mosambiekse Burgeroorlog het veral Maputo se hawe 'n sterk mededinger vir Durban s'n geword. Die Durban-hawe huisves ook die Vlootbasis Durban van die Suid-Afrikaanse Vloot. In 2007 het adjunkadmiraal Refiloe Mudimu die verskuiwing van die vlootbasis aangekondig, reeds in 1994 is met die vermindering van gewapende magte begin. In 2013 is hierdie militêre installasies egter heropen, nadat Suid-Afrika sy deelname by die bestryding van seerowery langs die Mosambiekse kus aangekondig het. Dit is reeds in 2012 deur die destydse Minister van Verdediging en Militêre Veterane, Lindiwe Sisulu, aangekondig. Terwyl Europese rederye steeds meer belangstelling toon om van Kaapstad een van die bestemmings op die seeroetes van hul plesierbote te maak, doen passasierskepe met Europese en Suid-Afrikaanse toeriste ook elke jaar in Durban se hawe aan, insluitende sommige van die wêreld se grootstes, soos die RMS Queen Mary 2.[36] Goue Myl-promenade[wysig | wysig bron] Durban se Goue Myl – met 'n reeks sandstrande – strek oor 'n afstand van ses kilometer vanaf die Umgenirivier in die noorde tot Durban-punt (Durban Point) en Suidstrand (South Beach) in die suide. Net oos van die middestad het veral in die 1970's toringblokke met hotelle en toeristewoonstelle ontstaan vir blanke Suid-Afrikaanse besoekers wie se belangstelling in die algemeen tot die strandlewe beperk was. Die oopstelling van Durban se strande in 1989 aan alle etniese groepe het behoudende blanke Suid-Afrikaners na ander bestemmings soos Kaapstad laat uitwyk, terwyl die Goue Myl-strand en -promenade oorlaai was met besoekers. Hoë misdaadvlakke het aan die promenade die bynaam Mugger's Mile besorg, maar tydens die aanloop tot die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 is pogings aangewend om die promenade veiliger en voetgangervriendelik te maak. 'n Meer onlangse projek, die Durban Point Waterfront Development, is 'n gesamentlike onderneming van die eThekwini-munisipaliteit en ROC Point (Pty) Ltd (waarvan die meerderheid aandele in besit van die Maleisiese onderneming UEM Sunrise Berhad is). Dit behels die opgradering van Durban se strandpromenade en die oprigting van moderne glas-en-staal-wolkekrabbers naby Durban Point.[37] Demografie[wysig | wysig bron] Durban is 'n etnies gemengde stad met kulturele rykdom van gemengde godsdienste en tradisies. Zoeloes vorm die grootste etniese groep. Durban huisves 'n groot aantal Anglo-Afrikane en die meeste Indiërs in 'n enkele stad buite Indië. Indiërs het 'n groot invloed op die Durbanse kookkuns, kultuur en godsdiens.[38] Volgens die sensus van 2011 het Durban 'n bevolking van 595 061, van wie 15,3 persent blankes, 51,1 persent swartes, 8,6 persent bruines en 24 persent Asiërs was. Die inwoners van Durban word Durbaniete genoem.[39] Engels is die belangrikste huistaal in die stad wat deur 49,8 persent van sy bewoners gebesig word. Die ander groot huistaal is Zoeloe (33,1 persent). Afrikaans word deur 3,6% van die bevolking gebesig. Jaar | Totaal | Bruines | Swartes | Blankes | Asiërs | Nie gespesifiseer | ---|---|---|---|---|---|---| 2001[41] | 536 644 | 55 036 | 197 907 | 136 956 | 146 745 | — | 2011[42] | 595 061 | 51 130 | 304 188 | 91 212 | 143 000 | 5 531 | Islamitiese gemeenskap[wysig | wysig bron] Die eerste Moslems het Durban met die koms van Indiese kontrakarbeiders uit Brits-Indië tussen 1860 en 1868 bereik. Die Juma Masjid-moskee, in 1881 begin en in 1930 voltooi, is die eerste moskee in Durban en die grootste moskee in die Suidelike Halfrond. In 1911 is 152 641 Indiërs na Natal gebring.[43] Vandag is sowat 3,2% van dié stad se bevolking Moslems. Joodse gemeenskap[wysig | wysig bron] Hoewel Durban se Joodse bevolking altyd betreklik klein was vergeleke met dié van Johannesburg en Kaapstad, het hulle deurgaans ’n belangrike rol in die stadslewe gespeel. Een van die stigters van Port Natal was Nathaniel Isaacs, wat hierheen gekom het as jong man in 1825. Belangrike bydraes tot die hawe se vroeë ontwikkeling is gelewer deur Jonas Bergtheil en Daniel de Pass. Natal se eerste berit melih, vir die seun van die Durbaniet D.M. Kisch, is in 1876 uitgevoer deur eerw. S. Rapaport, wat vanaf Port Elizabeth af gekom het vir die seremonie. ’n Joodse begraafplaas is in 1880 aangelê. Drie jaar later is die gemeente gestig en in 1884 is ’n gebou wat eens ’n Metodistekapel was in ’n sinagoge omskep, met Bernard Lipinski (oorlede in 1907) as die eerste president. Wat munisipale regering betref, is uitsonderlike diens gelewer deur Felix. C. Hollander (1876–1955), wat Durban se burgemeester was van 1910–’13, lid van die Natalse provinsiale uitvoerende komitee (1914–’23 en 1926–’39), senator van 1939–’48 en hoof van die plaaslike Joodse gemeenskap. Charles Phineas Robinson (oorlede 1938) was lid van die Natalse wetgewer en later van die Unieparlement. Sy seun Albert was ook ’n parlementslid en was later hoëkommissaris in Londen van die Sentraal-Afrikaanse Federasie. Nog vooraanstaande Joodse Durbaniete was Philip Wartski (1853–1948) en Solomon Moshal (1894–1986). Durban is minder beïnvloed deur immigrasie uit Oos-Europa as ander Suid-Afrikaanse gemeenskappe, maar terselfdertyd het die plaaslike Jode ’n aktiewe gemeenskapslewe gehandhaaf. Daar was in 2004 drie Ortodokse en een Hervormde sinagoge, asook die gebruiklike gemeenskaps- en welsynsorganisasies. Die afname in die Joodse bevolking het in 1997 tot die sluiting van die stad se Joodse skool, Carmel College, gelei. In sy plek is die Akiva College in Umhlanga geopen wat onderrig bied aan leerders van gr. 1 tot gr. 12.[44] Durban se Joodse Klub, die enigste instelling van sy soort in Suid-Afrika, het ’n belangrike rol gespeel in die gemeenskap se ontwikkeling. Die Raad vir KwaZulu-Natal se Jodedom is ’n koördinerende liggaam wat ook optree as provinsiale kantoor van die Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes. Sionistiese aktiwiteite staan onder leiding van die KwaZulu-Natalse Sionistiese Raad. In 2004 het Durban se Joodse afstammelinge sowat 2 750 getel.[45] Onderwys[wysig | wysig bron] Durban huisves die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN), wat in 2004 uit die samesmelting van KwaZulu-Natal se twee grootste onderwysinstellings, die Universiteit van Natal en die Universiteit van Durban-Westville ontstaan het. Veral die Universiteit van Durban-Westville was 'n belangrike sentrum van die anti-apartheidsbeweging. Daarbenewens huisves Durban ook 'n kampus van die Universiteit van Suid-Afrika. Ander instellings sluit in die Durban Universiteit van Tegnologie en die Mangosuthu Universiteit van Tegnologie. Vanaf 1921 gebruik die Natal University College (NUC) die Natal Technical College se gebou om lesings in te gee. Die universiteitskollege wou hul eie kampus in Durban hê en TB Davis het £130 000 geskenk te ere van sy seun Howard wat in 1915 by die Slag van die Somme tydens die Eerste Wêreldoorlog gesneuwel het. Die eerste gebou op die nuwe 20 ha kampus kry die naam "Howard College". In 1949 word NUC 'n onafhanklike universiteit met 'n kampus in Pietermaritzburg en die Howard College-kampus in Durban. In 1951 stig die universiteit sy mediese skool in Umbiloweg. Volgens die Uitgebreide Universiteitswet van 1959 mag net blanke studente die universiteit bywoon behalwe vir die mediese skool waar ook nie-blanke studente mag inskryf.[46] Die voorstad Westville huisves die Deutsche Schule Durban wat in 1971 gestig is en privaat befonds word. Naas Duits word ook onderrig in Afrikaans, Engels en Zoeloe aangebied, maar eers vanaf verskeie grade. Sport[wysig | wysig bron] Twee van Durban se sokkerspanne ding in die Premier Sokkerliga mee: AmaZulu FC en Golden Arrows. Die AmaZulu FC speel hul tuiswedstryde oorwegend in die Moses Mabhidastadion, terwyl die tuiswedstryde van die Golden Arrows in die Chatsworth Stadion of die Koning Zwelithini Stadion beslis word. Maar ook in die National First Division beskik Durban oor twee sokkerspanne: Real Kings FC en Royal Eagles FC met hul tuistes die Koning Zwelithini Stadion en die Sugar Ray Xulu-stadion, onderskeidelik. Durban se Natalse Haaie ding jaarliks in die Suid-Afrikaanse Curriebeker mee en hul tuiswedstryde word in die Kings Park-stadion aangebied. Die Sharks verteenwoordig Natal tydens die jaarlikse Superrugbyklubkampioenskap met hul tuiste Kings Park-stadion. Die Dolfyne is KwaZulu-Natal se krieketspan tydens die Sunfoilreeks en die Curriebeker in krieket met die Kingsmead-stadion as hul tuiste. Durban bied jaarliks verskeie uithouvermoë-wedstryde soos die Comrades-maraton (tussen Pietermaritzburg en Durban) en die Dusi-kanowedvaart (op die Msunduzi-rivier tussen Pietermaritzburg en Durban) aan. Suid-Afrika se voorste ruitersportwedren, die Durban Julie Handicap by die Greyville-renbaan, word jaarliks op die eerste Saterdag van Juliemaand gehuisves en is die grootste van sy soort in Afrika. Durban was een van die gasheerstede vir die Rugbywêreldbeker 1995 en vyf rugbywedstryde is in die Kings Park-stadion gehou, waarvan drie groepwedstryde, een kwarteindstryd en een halfeindstryd. Vervolgens is in dié stadion tydens die Afrikanasiesbeker 1996 vir drie groepwedstryde, een kwarteindstryd en een halfeindstryd beslis. Tydens die Krieketwêreldbeker 2003 is vyf krieketwedstryde in die Kingsmead-stadion aangebied, waarvan twee groepwedstryde, een Super Ses-wedstryd en een halfeindstryd. Die Moses Mabhidastadion is ter geleentheid van die die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 opgerig en hier is ses groepwedstryde, een agtste eindstryd, een kwarteindstryd en een halfeindstryd aangebied. Dit is ook tydens die Afrikanasiesbeker 2013 vir vier groepwedstryde, een kwarteindstryd en een halfeindstryd ingespan. In September 2015 is Durban as gasheerstad vir die XXIIste Statebondspele in 2022 aangewys,[47] maar moes in Maart 2017 weens die gebreek aan finansiële middels die rol as gasheer van die hand wys.[48] Aansluitend is Birmingham, Engeland, as nuwe gasheerstad aangewys.[49] Besienswaardighede[wysig | wysig bron] - Die Durban Botaniese Tuin is die grootste botaniese tuin in Afrika en is in 1849 gestig. Dit het tydens die Britse bewind vir die bestudering van eksotiese plante gedien, dus is hier verskeie plante van regoor die wêreld versamel. - Die Juma Masjid-moskee is die eerste moskee wat in Durban opgerig is en die grootste moskee in die Suidelike Halfrond. - Die Old Fort is in 1842 deur kaptein Thomas Smith opgerig as beskerming vir die Britse hawe. - Pearl Dawn is die vierde hoogste gebou in Suid-Afrika en is in 2008 gebou. - Voor Durban se stadsaal staan 'n Jan Smuts-standbeeld wat Jan Christian Smuts as staatsman en krygsman van wêreldformaat uitbeeld. - Die King's House dien as ampswoning van die president en adjunkpresident van Suid-Afrika tydens hul besoeke aan KwaZulu-Natal. - Die Alayam Hindu Temple is die oudste en grootste Hindoeïstiese tempel in Suid-Afrika. - Die Gateway-winkelsentrum is die grootste in Afrika. - Die Mitchell Park-dieretuin is die enigste dieretuin in Durban. - Die Durban South Africa Temple is een van twee tempels van die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae in Suid-Afrika. Die ander is in Johannesburg geleë. Susterstede[wysig | wysig bron] - Alexandrië, Egipte[50] - Bremen, Vrye Hansestad Bremen, Duitsland[50] - Bulawayo, Zimbabwe[50] - Chicago, Illinois, Verenigde State[50] - Curitiba, Brasilië[50] - Daejeon, Suid-Korea[50] - Guangzhou, Volksrepubliek China[50] - Leeds, Verenigde Koninkryk[50] - Le Port, Réunion, Frankryk[50] - Libreville, Gaboen[50] - Maputo, Mosambiek[50] - Mombasa, Kenia[50] - Nantes, Frankryk[50] - New Orleans, Louisiana, Verenigde State[50] - Oran, Algerië[50] - Rotterdam, Nederland[50] Sien ook[wysig | wysig bron] Verwysings[wysig | wysig bron] - ( ) "Chronological order of town establishment in South Africa based on Floyd (1960:20-26)" (PDF). pp. xlv–lii. - ( Evans, Owain. ) "Chronological Order of Town Establishment in South Africa". Besoek op 6 Januarie 2019. - "Hoofplek Durban". Sensus 2011. - ( Skade, Thandi (7 Mei 2015). ) "Durban is SA's fastest-growing 'Millionaire City' | DESTINY Magazine". Destinyconnect.com. Besoek op 6 Januarie 2019. - ( ) "Durban". New7Wonders Cities. Besoek op 6 Januarie 2019. - ( ) "Quality of Living Ranking". Mercer.com. Besoek op 6 Januarie 2019. - ( ) "Strategic Planning Workshop for eThekwini, Umdoni, Vulamehlo Municipalities". Municipal Institute of Learning. 15 Februarie 2016. Besoek op 6 Januarie 2019. - ( ) Climate (Webbladsy). durban.gov.za. URL besoek op 11 Desember 2009. - ( ) "World Weather Information Service – Durban". World Meteorological Organization. Besoek op 6 Januarie 2019. - ( ) "Durban/Louis Botha Climate Normals 1961–1990". National Oceanic and Atmospheric Administration. Besoek op 6 Januarie 2019. - ( ) sahistory.org.za: Durban Timeline 1497–1990. Besoek op 1 Augustus 2018 - ( Adrian Koopman. ) "The Names and the Naming of Durban". Natalia, the Journal of the Natal Society. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 November 2007. Besoek op 9 Julie 2008. - ( ) "Durban". South African History Online. Durban Timeline 1497–1990. Besoek op 6 Januarie 2019. - ( ) Dr Shelagh O'Byrne Spencer: British settlers in Natal: 1849–1857. Byrne Settlers 1849–1851 - ( ) IB4UD Ireland Before You Die: South African city copied Belfast City Hall! Besoek op 31 Julie 2018 - ( ) sahistory.org.za: City Hall and Francis Farewell Gardens, Durban. Besoek op 31 Julie 2018 - ( ) Mahatma Gandhi in South Africa. Besoek op 31 Julie 2018 - ( DK Eyewitness Travel South Africa. London: Doring Kindersley 2017, bl. 288 ) - ( David M. Anderson & Richard Rathbone (reds.): Africa's Urban Past. Oxford: James Currey 2000, bl. 149 ) - ( Ingram, J Forsyth (1895). ) The Colony of Natal – An Official Illustrated Handbook and Railway Guide. "by authority". - ( Guest, Bill (1988). “ ) Commercial Coal-mining in Natal: A Centennial Appraisal”. Natalia 18: 41–58. - ( ) German South African Resource Page – The Natal Germans. Besoek op 31 Julie 2018 - ( ) sahistory.org.za: Durban Timeline 1497–1990. Besoek op 31 Julie 2018 - ( Walker, Eric A (1968). A History of Southern Africa (3rd uitg.). London: Longmans. pp. 531–2. ) - ( Black, Richard (11 Desember 2011). ) "Climate talks end with late deal". BBC. Besoek op 30 April 2019. - ( Greef, Kimon de (24 April 2019). ) "South Africa Floods Leave at Least 60 Dead". The New York Times. Besoek op 30 April 2019. - ( ) "Durban floods damage estimated at over R650m". Nuus24. 26 April 2019. Besoek op 30 April 2019. - ( ) Rock/Alternative (Webbladsy). durban.gov.za. URL besoek op 11 Desember 2009. - ( ) Durban Art Deco Society. Besoek op 1 Augustus 2018 - ( ) The KwaZulu-Natal Institute for Architecture: Durban Buildings & Architecture – Union Period. Besoek op 1 Augustus 2018 - ( ) "Leading financier opens doors in thriving KZN". Business Partners Limited. 29 September 2015. Besoek op 15 Augustus 2016. - ( ) "Ethekwini". Statistics South Africa. Besoek op 6 Januarie 2019. - ( Africa Visual Data on Twitter. ) "Africa's 10 Busiest Airports in 2016". Besoek op 6 Januarie 2019. - ( ) "British Airways to fly directly between London and Durban". BusinessTech. 8 Mei 2018. Besoek op 6 Januarie 2019. - ( ) "Africa's ports: The bottleneck: New investment alone will not fix Africa's ports. Governments need to deal with pilfering officials, too". The Economist. 19 Maart 2016. Besoek op 6 Januarie 2019. - ( ) "Cruise ships lining up to visit South African ports this season". Independent Online. 21 November 2017. Besoek op 6 Januarie 2019. - ( ) durbanpoint.co.za: urban Point Development Company. Besoek op 29 Julie 2018 - ( Mukherji, Anahita (23 Junie 2011). ) "Durban largest 'Indian' city outside India". The Times of India. Besoek op 6 Januarie 2019. - ( Donal P. McCracken; Eileen M. McCracken. ) Annals of Kirstenbosch Botanic Gardens. National Botanic Gardens. p. 72. Besoek op 6 Januarie 2019. - ( ) "These are the biggest townships in South Africa". BusinessTech. 14 Augustus 2016. Besoek op 6 Januarie 2019. - ( ) Die 2001-sensussyfers soos weergegee deur Adrian Frith. URL besoek op 14 Junie 2018. - ( ) Die 2011-sensussyfers soos weergegee deur Adrian Frith. URL besoek op 14 Junie 2018. - ( Mosques, Mawlanas and Muharram: Indian Islam in Colonial Natal, 1860–1910 Author(s): Goolam H. Vahed Source: Journal of Religion in Africa, Vol. 31, Fasc. 3 (Aug., 2001), bl. 305–335 ) - ( ) Council of KwaZulu-Natal Jewry. URL besoek op 10 November 2017. - ( ) Jewish Virtual Library. URL besoek op 14 Junie 2018. - ( Jackson, Allan (Augustus 2006). ) "A short history of the University of Natal". Metrobeat. eThekwini Municipality. - ( ) "Durban hosts 2022 Commonwealth Games". BBC. 2 September 2015. Besoek op 6 Januarie 2019. - ( ) "Commonwealth Games 2022: Durban 'may drop out as host'". BBC. 28 Februarie 2017. Besoek op 6 Januarie 2019. - ( ) "Commonwealth Games: Birmingham announced as host of 2022 event". BBC. 21 Desember 2017. Besoek op 6 Januarie 2019. - ( ) "Sister Cities". Regering van Durban. Besoek op 6 Januarie 2019. Bronne[wysig | wysig bron] - ( Mary Fitzpatrick u. a.: South Africa, Lesotho, Swaziland. Lonely Planet Publications, Victoria 2004, bl. 281–296, ) ISBN 1-74104-162-7. - ( Bill Freund: Insiders and Outsiders. Indian Working Class of Durban, 1910–90. Social History of Africa. James Currey Publishers, Portsmouth NH 1995, ) ISBN 0-85255-616-0. - ( Paul Maylam, Iain Edwards (Hrsg.): A People’s City. African Life in Twentieth-Century Durban. University of KwaZulu-Natal Press, Portsmouth NH 1996, ) ISBN 0-86980-916-4. Eksterne skakels[wysig | wysig bron] Wikimedia Commons bevat media in verband met Durban. | - Amptelike webwerwe - Toerisme - ( Toerisme-inligting oor ) Durban op Wikivoyage - ( ) Durban Toerismekantoor - ( ) The Guardian: The alternative city guide to Durban - Media
<urn:uuid:58abc778-09c0-4ee1-ab0c-748eb2dbafbd>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Durban
2019-07-20T05:42:38Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526446.61/warc/CC-MAIN-20190720045157-20190720071157-00146.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999879
false
Swazi's Die Swazi's is 'n Bantoevolk in Suider-Afrika. Hulle woon hoofsaaklik in eSwatini (voorheen Swaziland), Suid-Afrika en in die suide van Mosambiek. Die Swazi's se taal is Swazi. Van die 2,5 miljoen Swazi's woon 'n groot deel (ongeveer 50%) in Suid-Afrika. Swazi's | | ---|---| Swazi-dansers | | Totale bevolking: | 2 482 046 | Belangrike bevolkings in: | Suid-Afrika 1 185 000 | Taal: | Swazi, Engels, Afrikaans, Portugees | Geloofsoortuiging: | Christene, Tradisionele Afrika-godsdiens | Verwante etniese groepe: | Nguni, Sotho-Tswana, ander Bantoe-volke | Inhoud GeskiedenisWysig Die onafhanklike staat eSwatini het sy oorsprong in die agttiende eeu met die integrasie van Nguni- en Sotho-elemente. Oorspronklik het die Sotho die noordelike streke van eSwatini bewoon en die Nguni die suidelike streke. Sedert 1820 is hulle onderwerp aan die Nguni-stamhoof Sobhuza I van die Ngwane-stam. Sy seun, Mswati, wat uiteindelik die Sotho onderwerp het, het die unifikasieproses voltooi en Mswati III heers vandag oor die hele Swazi-koninkryk. Die Sotho-sprekende volke is òf deur die proses geabsorbeer òf weggedryf en groot getalle Nguni-vlugtelinge vanuit KwaZulu-Natal het hulle by die Swazi aangesluit. VandagWysig Met die totstandkoming van eSwatini is baie etniese Swazi's uit die nuwe staat uitgesluit en 50% woon tans in Suid-Afrika. Die mense wat in hierdie klein koningkrykie woon, is nou verwant aan hul Zoeloe-bure, en daar is weinig verskil tussen hulle tale.[1] Die Swazi's is tradisioneel landbouers en vee speel 'n belangrike rol. 'n Kenmerkende Swazi-tradisie is die jaarlikse rietdans, wat gewoonlik in die lente begin. Jong maagde - waarvan een deur die Swazi-koning tot nuwe vrou gekies word - voer hierdie seremonie uit. Vandag betrek hierdie geleentheid honderde jong meisies, wat met varsgeplukte riete en geklee in kleurvolle tradisionele krale vir langer as sewe dae voor 'n groot gehoor swaai en sing. Sien ookWysig VerwysingsWysig Wikimedia Commons bevat media in verband met Swazi people. | Etniese groepe in Suid-Afrika | ||| ---|---|---|---|
<urn:uuid:77adbbf8-1280-4504-8744-56cc3b744800>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Swazi%27s
2019-07-21T10:47:54Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00306.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999958
false
Jamalo-Nenetsië Jump to navigation Jump to search Jamalo-Nenetsië Ямало-Ненецкий автономный округ | |||| Die ligging van Jamalo-Nenetsië in Rusland. | |||| Politieke status | |||| Land | Russiese Federasie | ||| Federale distrik | Oeral | ||| Ekonomiese streek | Wes-Siberiese | ||| Stigting | 10 Desember 1930 | ||| Regering | |||| Hoofstad | Salechard | ||| Leier | Dmitri Kobilkin[1] | ||| Amp | Goewerneur | ||| Wetgewer | Wetgewende Raad | ||| Bevolking | |||| Sensus | 2010 | ||| Totaal | 522 904 | ||| Volgorde | 71ste | ||| Digtheid | 0,7/km2 | ||| Stedelik | 84,7% | ||| Plattelands | 15,3% | ||| Statistiek | |||| Oppervlakte | 750 300 km2 | ||| Volgorde | 6de | ||| Tydsone | UTC+06:00 | ||| Registrasienommer | 89 | ||| Amptelike tale | Russies | ||| Webtuiste | http://www.admhmao.ru/ | ||| Wapen en vlag | |||| Verwysings[wysig | wysig bron] - Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia-artikel - Amptelike webtuiste van Jamalië. Dmitri Kobilkin ( )
<urn:uuid:7de8aa25-d649-49c7-90c1-854d1fdb585e>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Jamalo-Nenetsi%C3%AB
2019-07-21T11:10:38Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00306.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.916181
false
Walter Sisulu Nasionale Botaniese Tuin Die Walter Sisulu Nasionale Botaniese Tuin (voorheen bekend as die Witwatersrand Nasionale Botaniese Tuin) is 'n 300 hektaar (3.0 km2)-groot botaniese reservaat in Roodepoort naby Johannesburg. Dit is amptelik in 1982 gestig; dus een van die jongste van Suid-Afrika se nasionale botaniese tuine, maar die plek waar dit geleë is, was baie dekades lank reeds gewild by besoekers. Die tuin is die tuiste van 'n bekende paar witkruisarende wat nes gemaak het in die Roodekransrif wat deur die reservaat loop. Die tuin het 'n restaurant, geskenkwinkel en kwekery wat Suid-Afrikaanse inheemse plante verkoop. Die tuin is ook bekend as een van die mooiste botaniese tuine in die wêreld omdat dit 'n waterval insluit wat dig teenaan wye groen grasperke neertuimel.[1] Ligging[wysig | wysig bron] Die Walter Sisulu Nasionale Botaniese Tuin se toegangshek en parkeerterrein is geleë in Beaconweg, Poortview, Roodepoort. Sien ook[wysig | wysig bron] Verwysings[wysig | wysig bron] - "Best Botanical Gardens: 13 Stunning Arboretums Around The World". Huffington Post. 13 September 2012. Besoek op 20 December 2012. Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. | Eksterne skakels[wysig | wysig bron] Wikimedia Commons bevat media in verband met Walter Sisulu National Botanical Garden. |
<urn:uuid:6b1905c2-253e-4c95-a143-c9cffba89ad1>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Walter_Sisulu_Nasionale_Botaniese_Tuin
2019-07-24T01:00:47Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530246.91/warc/CC-MAIN-20190723235815-20190724021815-00066.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999938
false
Zoya Buryak Jump to navigation Jump to search Zoya Buryak | | Geboorte | 6 November 1966 | ---|---| Nasionaliteit | Sowjets | Beroep(e) | Aktrise | Internet-rolprentdatabasis-profiel | Zoya Buryak (gebore 6 November 1966) is 'n Sowjetse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente The Cold Summer of 1953 (1988) en Zivot a neobycejna dobrodruzstvi vojaka Ivana Conkina (1994), en in die televisiereeks Uboynaya sila (2000). Filmografie[wysig | wysig bron] Rolprente[wysig | wysig bron] - 1988: The Cold Summer of 1953 - 1993: Malenkiy gigant bolshogo seksa - 1994: Zivot a neobycejna dobrodruzstvi vojaka Ivana Conkina Televisiereekse[wysig | wysig bron] - 2000: Uboynaya sila - 2001: The Silver Wedding - 2003: Linii sudby - 2004: Muzhchiny ne plachut - 2005: Muzhchiny ne plachut dva - 2007: Sonka zolotaya ruchka - 2011: Uchastkoviy detektiv - 2012: Chuzhoy rayon 2 - 2014: Chuzhoy rayon 3 Televisierolprente[wysig | wysig bron] - 2007: Kholmy i ravniny - 2008: Kogda ne khvataet lyubvi - 2009: Oy, mamochki...
<urn:uuid:0c3188d3-4b54-4279-8c16-71e67a72e606>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Zoya_Buryak
2019-07-24T00:58:42Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530246.91/warc/CC-MAIN-20190723235815-20190724021815-00066.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.660385
false
Keiserryk Oostenryk Die Keiserryk Oostenryk (Duits: Kaisertum Österreich of Kaiserthum Oesterreich) was 'n staat in Sentraal-Europa vanaf 1804 tot 1867 en is deur slegs een monarg regeer. Die Keiserryk is met die kroning van die keiser van die Heilige Romeinse Ryk, Frans II, tot Keiser van Oostenryk op 11 Augustus 1804 gestig. Die seremonie het gevolg op die stigting van die Keiserryk Frankryk deur Napoleon Bonaparte op 18 Mei 1804. Frans II is in 1835 opgevolg deur sy seun Ferdinand I, wie tydens die rewolusie van 1848 ten gunste van Frans Josef I abdikeer het.
<urn:uuid:0c2a5da4-3642-4b09-a1d2-285d1a490537>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Keiserryk_Oostenryk
2019-07-17T17:12:49Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525355.54/warc/CC-MAIN-20190717161703-20190717183703-00410.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999905
true
1877 jaar 1877 | ◄ | 18de eeu | ◄19de eeu► | 20ste eeu | ► | Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal | Sien ook: Kategorie:1877 | Kalenders | | Die boererepublieke | | Die jaar 1877 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 77ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. GebeureWysig - Henry James publiseer sy sosiale komedie The American - 12 April – Die Verenigde Koninkryk annekseer Transvaal - 12 Augustus – Asaph Hall ontdek Mars se kleinste en uiterste maan, Deimos. - 18 Augustus – Asaph Hall ontdek Mars se grootste en naaste maan, Phobos. - 21 September – Gioacchino Pecci (later Pous Leo XIII) word kamerlengo. GeboortesWysig - 27 Mei – Isadora Duncan, Amerikaanse danseres en choreograaf († 1927). - 28 Mei – Maksimilian Wolosjin, Russies-Oekraïense digter en landskapskilder († 1932). - 3 Junie – Raoul Dufy, Franse waterverfskilder († 23 Maart † 1953). - 7 Junie – George Villiers, Britse politikus en vyfde Goewerneur-generaal van Suid-Afrika (1931–1937) († 1955). - 24 Oktober – Alex Frew, Suid-Afrika se sesde Springbokkaptein († 1947). - 4 Desember – Morris Alexander, lid van die Suid-Afrikaanse Volksraad vir Kaapstad-Kasteel († 1946).
<urn:uuid:34a050a6-39a9-4ba1-9faa-a032bde8254e>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/1877
2019-07-18T23:22:46Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525863.49/warc/CC-MAIN-20190718231656-20190719013656-00010.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998934
false
Olifant Die olifant (Elephantidae) is 'n familie van groot soogdiere wat aan die orde van slurpdiere behoort. Die familie omvat twee lewende genera wat drie lewende spesies bevat: die Afrika Savanne-olifant (Loxodonta africana) wat in Sub-Sahara Afrika voorkom, die Afrika-woudolifant (Loxodonta cyclotis) van Wes- en Sentraal-Afrika en die Asiatiese olifant (Elephas maximus) wat in Indië en Suidoos-Asië voorkom. Olifant Tydperk: Plioseen–Onlangs | |||||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| 'n Savanne-olifant naby die grens van die Serengeti- en Ngorongoro-bewaringsgebied in Tanzanië | |||||||||||||| Wetenskaplike klassifikasie | |||||||||||||| Verspreiding van die Afrika-olifant Verspreiding van die Asiatiese olifant Genera | |||||||||||||| Olifante is die enigste oorlewende slurpdiere van die huidige tydperk. Die reusagtige behaarde mammoete en mastodonte het reeds uitgesterf. Die soogdier wat in ons era die nouste (dog steeds slegs verlangs) aan die slurpdiere verwant is, is die dassie. Met 'n maksimum gewig van 7 500 kg (Afrikaanse olifant) is olifante die grootste lewende landdiere. Daar is vandag nog 2 lewende spesies, naamlik die Afrikaanse en die Asiatiese olifant. Die Asiatiese olifant is onder meer kleiner as die Afrikaanse olifant en sy ore is ook relatief klein. Die neus en bolip van albei spesies is uitgegroei tot 'n slurp, waarmee die diere kan voel, ruik, gryp, suig en trompetter. Olifante beweeg in troppe, wat normaalweg uit verskeie familie-eenhede bestaan en deur koeie gelei word. In Asië word die Asiatiese olifante gebruik om swaar arbeid te verrig, terwyl veral die Afrikaanse olifant gejag word vir die ivoor van sy slagtande. Daar bestaan vandag veral in Afrika ʼn geweldige konflik tussen die olifant en die mens, en as uitroeiing in die huidige tempo voortgaan, loop hierdie diere gevaar om uit te sterf. Die Afrikaanse en die Asiatiese olifant is die laaste 2 oorlewende spesies van die slurpdiere (orde Proboscidea), 'n soogdiergroep waarvan ongeveer 300 uitgestorwe spesies bekend is. Die oudste fossiele dateer uit die Eoseen (ongeveer 50 miljoen jaar gelede). Die eerste bekende egte olifant (familie Elephantidae) was die Moeritherium, 'n klein dier wat ongeveer 60 cm hoog was en tydens die Ystydperke van die Eoseen in Egipte voorgekom het. Die lede van die familie wat die laaste uitgesterf het, was die mastodons (genus Mastodon) en die mammoete (genus Mammuthus), wat tot in die Steentyd geleef het. Die grootste mammoet (Mammuthus imperator) was ongeveer 4,5 m hoog (by die skouer) en het in Noord-Amerika voorgekom. Die bekendste soort was die wollerige mammoet (Mammuthus primigenius), wat ongeveer 10 000 jaar gelede in Siberië voorgekom het. Die Paleolitiese mens het op die mammoete jag gemaak en talle rotstekeninge van hulle nagelaat. Van hierdie mammoete het in gletserys vasgevries en duisende jare lank bewaar gebly sodat wetenskaplikes hulle kon ontleed en selfs die voedsel in hul mae kon herken. Die naaste lewende verwante van die olifante is die dassies (orde Hyracoidea) en die lamantyne (orde Sirenia). Hoewel hierdie diere vandag glad nie soos olifante lyk nie, stam hulle asook olifante van dieselfde voorouers af en is daar nog sekere ooreenkomste, byvoorbeeld die kruising van die bene van die voorpote en die afgeplatte bene onder die polsgewrigte. Inhoud Huidige spesiesWysig Die Afrikaanse olifant (Loxodonta africana) het oorspronklik in die hele Afrika suid van die Saharawoestyn voorgekom, maar sy verspreidingsgebied is geleidelik besig om te krimp. Die Asiatiese of Indiese olifant (Elephas maximus) is inheems in groot dele van tropiese Suidoos-Asië, Indië, Sri-Lanka en Sumatra. Ook sy verspreidingsgebied is reeds kleiner as wat dit was. Die Afrikaanse olifant is groter (3 tot 4 m hoog by die skouer) en swaarder (tot 7 500 kg) as die Asiatiese olifant (2,5 tot 3 m hoog, met 'n massa van ongeveer 5 000 kg). Die ore en slagtande van die Afrikaanse olifant is ook groter as die van die Asiatiese olifant, en die slurp van die Afrikaanse olifant eindig in 2 vingeragtige verlengings teenoor die enkele verlenging van die van die Asiatiese olifant. Voorts het die Afrikaanse olifant 4 tone aan sy voorpote en 3 aan sy agterpote, terwyl die Asiatiese olifant 5 tone aan sy voorpote en 4 tone aan sy agterpote het. By albei spesies word nog verskeie subspesies onderskei. In Afrika is die duidelikste verskille tussen die gewone olifant (Loxodonta africana oxyotis) en die klein bosolifant (Loxodonta africana cyclotis) merkbaar. Oor die subspesies van die Asiatiese olifant is daar nog heelwat meningsverskil, hoewel sommige, soos die Sumatraanse olifant (Elephas maximus sumatranus), duidelik van die ander onderskei kan word, onder meer op grond van sy min of meer vierkantige ore. LiggaamsbouWysig Die stewige pote van olifante het sagte, elastiese voetkussings waarop hierdie kolossale diere stiller voortbeweeg as wat verwag sou word. Naas sy grootte (tot 3,5 m hoog) is die slurp een van die kenmerkendste eienskappe van 'n olifant. Dit is 'n uitgroeisel van die neus en die bolip. Aan die einde daarvan lê die neusgate, maar asemhaling en reuk is slegs 2 van verskeie funksies van hierdie orgaan. Dit word onder meer gebruik as 'n uiters gevoelige voel - en gryporgaan, waarmee die diere selfs baie klein voorwerpe na die mond kan bring. Hulle gebruik dit byvoorbeeld om gras, blare en takke mee af te pluk. Om te drink, suig hulle water in die slurp op en spuit dit dan in die mond. Olifante is ook baie lief daarvoor om hulle met water of stof wat in die slurp opgesuig is, te bespuit. Die bekende trompettergeluid van olifante word veroorsaak deur die uitforsering van lug deur die slurp. Die reuk - en tassintuie van die slurp is veral belangrik omdat die oë sleg ontwikkel is. Die gehoor van olifante is egter uitstekend ontwikkel. Benewens die rol wat hulle in gehoor speel, word die oorskulpe van veral die Afrikaanse olifant ook vir hitteregulering gebruik. Die slagtande van olifante moet nie met die van roofdiere verwar word nie en is eintlik verlengde snytande. Die slagtande van roofdiere is verlengde oogtande. Die grootste tande (tot 3 m lank met 'n gewig van tot 100 kg) kom voor by die Afrikaanse olifantbulle, terwyl die Indiese olifantkoeie die kleinstes het. Dikwels ontbreek hulle heeltemal by laasgenoemde. Die tande groei voortdurend en dit is waarom hulle soms by ou bulle so lank word. Dit is egter te betwyfel of sulke lang tande enige nut het, aangesien olifante met kleiner tande waarskynlik beweegliker is en sodoende hulle slurp beter kan verdedig en makliker kan aanval. Tydens droogtes word die slurp gebruik om vir water te grawe, terwyl boombas ook dikwels daarmee afgetrek word. Afgesien van die slagtande het 'n olifant tydens sy leeftyd 24 kiestande. In elke helfte van sowel die onder- as die bokaak word 'n totaal van 6 kiestande gedra, hoewel nooit meer as 2 op 'n keer funksioneel is nie. Namate een kiestand slyt, neem ʼn ander een geleidelik sy plek totdat die laaste kiestand op 'n ouderdom van ongeveer 23 jaar verskyn. Die ouderdom van 'n olifant word dan ook hoofsaaklik bepaal deur te let op die toestand van sy tande. As die laaste kiestand verslyt het, kan hy nie meer eet nie en sterf hy van honger. Die normale ouderdom van 'n olifant is ongeveer 60 tot 70 jaar. LewenswyseWysig Albei olifantspesies is kuddediere wat in troppe van 10 tot 20 of soms tot 50 of meer leef. Die troppe bestaan gewoonlik weer uit kleiner familie-eenhede en word aangevoer deur 'n volwasse koei, wat as die matriarg bekend is. In die geval van die Afrikaanse olifant bestaan die familie-eenheid uit volwasse en jong koeie asook uit bulle van tot ongeveer 14 jaar oud. Saam met 'n klompie teelbulle vorm hulle dan 'n teeltrop. Wanneer die jong bulle ongeveer 14 jaar oud is, verlaat hulle die trop om vrygesettroppe te vorm. Namate hierdie jong bulle ouer word, probeer hulle posisies in die teeltroppe kry deur met die teelbulle te baklei. Wanneer so 'n jong bul 'n teelbul verslaan, verlaat die ou teelbul die trop en neem die jonge sy plek in. Sulke ou bulle bly dan gewoonlik op hul eie en kan soms baie irriteerbaar en gevaarlik wees. Dit is meestal sulke ou bulle wat probleme by nedersettings van mense skep. Wat die ongeveer 7 400 olifante in die Nasionale Krugerwildtuin betref, is daar 'n verhouding van ongeveer een bul vir elke koei. Ongeveer 15 % van die bevolking sonder hulle egter as alleenlopende bulle of bulgroepe af. Die res vorm die teeltroppe waarin die geslagsverhouding ongeveer 1 bul tot elke 1,5 koeie is. Slegs ongeveer 17 % van die totale aantal volwasse bulle (16 jaar en ouer) word in die teeltroppe aangetref. Die teelbulle van die Afrikaanse olifant is deel van die teeltrop, hoewel hulle dikwels ʼn groepie op hulle eie vorm. By die Asiatiese olifant bly die bulle egter meestal apart van die teeltrop en sluit hulle slegs by die trop aan om te paar. Die Asiatiese olifant is hoofsaaklik 'n bosbewoner, terwyl die Afrikaanse olifant meer in savannes voorkom. Die kleiner subspesies van die Afrikaanse olifant word egter in die tropiese woude van Afrika aangetref. Die koeie van die Afrikaanse olifant bereik na ongeveer 12 jaar, en die bulle na ongeveer 14 tot 15 jaar, geslagsrypheid. Gevalle het egter al voorgekom waar koeie van 9 jaar die lewe aan 'n kalfie geskenk het. Die kalwers word na 'n draagtyd van 22 maande gebore en is dan ongeveer 0,9 m hoog met 'n massa van 110 kg. Koeie wat op die punt staan om te kalf, word dikwels van een of meer van die ander koeie vergesel wat met die geboorteproses help. Soms staan die hele kudde in 'n kring om die plek waar die bevalling plaasvind. In hul eerste paar lewensjare kry die kalwers besonder baie aandag van hul ma, asook van ander koeie. Die familieverband van olifante is baie bestendig en die koeie bly lewenslank bymekaar, behalwe wanneer die teeltroppe te groot word en in kleiner troppe verdeel. Olifante is heeltemal uitgegroei wanneer hulle ongeveer 25 jaar oud is. Olifante eet 'n wye verskeidenheid plante, maar die Afrikaanse olifant kan eerder as 'n grasvreter beskou word, terwyl die Asiatiese olifant eerder 'n blaarvreter is. 'n Volwasse Afrikaanse olifantbul kan tot 410 kg plantmateriaal per dag verorber. Afgesien van die gras wat hulle eet, is Afrikaanse olifante ook baie lief vir jong takkies en dikwels ook boombas. In die soektog daarna skroom hulle nie om hele bome om te stoot nie. Op die manier kan ʼn groot konsentrasie olifante 'n stuk bosveld byna in grasveld verander. Dit het al op verskeie plekke in Afrika gebeur, en is een van die redes waarom uitdunning van olifantgetalle in plekke soos die Nasionale Krugerwildtuin nodig is. Die trekgewoontes van olifante hang baie af van die gebied waarin hulle woon, maar hulle trek dikwels oor lang afstande na plekke waar daar water is. Hulle gemiddelde loopsnelheid is ongeveer 10 tot 14 km/ h, maar wanneer hulle haastig raak, draf hulle teen ongeveer 25 km/ h. Hulle kan met ʼn snelheid van ongeveer 40 km/h op iets of iemand afstorm, maar die snelheid kan nie lank gehandhaaf word nie. TemmingWysig In Indië word Asiatiese olifante al sedert ongeveer 3 500 v.C. mak gemaak sodat hulle as ry- of trekdiere of tydens oorlogvoering gebruik kan word. Vandag word hierdie olifante steeds gebruik by bosbou, waar hulle help om boomstompe te vervoer. Tydens feesgeleenthede word hierdie dier ook as rydier gebruik en dikwels boonop geverf en versier. Wit olifante (algehele of gedeeltelike albino's) is gewild as tempelolifante en word as heilig beskou. Die Indiese olifant word reeds na enkele maande gewoond aan sy vaste begeleier, die mahout, en leer gou om 'n groot aantal bevele te gehoorsaam. 'n Sterk band ontwikkel meestal tussen die mahout en sy olifant, en die diere word eers van ongeveer hul 20e jaar af vir swaar arbeid gebruik. In Afrika is daar baie min belangstelling in die temming van olifante. Vroeër is hulle wel in Noord-Afrika mak gemaak, en een van die bekendste gevalle is die veldtog van Hannibal teen die Romeine toe hy in 220 v.C. met sy olifante oor die Alpe probeer trek het. Daarna het die belangstelling om olifante te tem, weer afgeneem. In die 20e eeu is daar egter in die destydse Belgiese Kongo weer 'n temstasie opgerig en dit bestaan steeds. Die Afrikaanse olifant in Suider-AfrikaWysig Die olifantgetalle in Zimbabwe het selfs gedurende die lang oorlog daar nie verminder nie en olifante kom nog oor groot dele van die land voor. Die grootste konsentrasie word in die noorde en noordweste van die land aangetref. Ook in die noorde van Botswana is daar nog 'n betreklik groot aantal olifante. ʼn Heelwat kleiner bevolking kom ook in die omgewing van die samevloeiing van die Shashe- en die Limpoporivier voor, maar hierdie olifante beweeg ook Zimbabwe en Suid-Afrika binne en baie van hulle word geskiet, veral in Suid-Afrika. Die Trust vir Bedreigde Wildsoorte bestee baie aandag aan hierdie probleem in 'n poging om die olifante van uitwissing te red. In Namibië is olifante beperk tot die noorde, waar hulle nog in betreklike in getalle voorkom. Ten spyte van hierdie lae getal is daar enkele jare gelede, en word daar selfs nou nog, onwettig op hulle jag gemaak. In Suid-Afrika is daar nog 'n paar klein olifantbevolkings, maar die meeste olifante kom in die Nasionale Krugerwildtuin voor. Die olifantbevolking van die Krugerwildtuin word jaarliks uitgedun om dit op ongeveer 7 400 bestendig te hou. Die olifante wat geskiet word, word dadelik geslag en na die verwerkingsaanleg op Skukuza gebring, waar die vleis en ander produkte verwerk word. Die ivoor word op die internasionale mark verkoop, en Suid-Afrika is een van die min lande waarvandaan ivooruitvoer wel toegelaat word omdat die olifantgetalle wetenskaplik beheer word. Volgens die CITES-ooreenkoms (Convention on International Trade in Endangered Species) word die invoer van ivoor uit baie Afrikalande verbied in 'n poging om die onwettige ivoorhandel te probeer staak. Om die wet te ontduik, word baie van die ivoor uit hierdie lande eers na Suid-Afrika gebring en van hier af uitgevoer. In 1979 is daar byvoorbeeld permitte uitgereik vir die uitvoer van 9 230 kg ivoor, met ander woorde 923 tande. Handelstatistiek het egter daarop gedui dat 37 733 kg ivoor gedurende 1979 uitgevoer is. Die uitdunning van olifante in die Krugerwildtuin geskied baie selektief, sodat die sosiale struktuur nie ontwrig word nie. Die legendariese olifant Mafunyane se 2 tande weeg byvoorbeeld tussen ongeveer 75 en 85 kg en is minstens 3 m lank. Hierdie olifant is deur die kunstenaar Paul Bosman geskilder en die geld wat deur hierdie kunswerk verkry is, is vir natuurbewaring aangewend. Nog ʼn bekende groot olifantbul is Shingwidzi, 'n dier wat gereeld deur toeriste in die Krugerwildtuin gesien word. Sy regtertand weeg ongeveer 60 kg, maar sy linkertand het afgebreek en weeg dus heelwat minder. Die tweede grootste olifantbevolking in Suid-Afrika is die van die Addo- olifantpark: in die Oos-Kaap. Hierdie bevolking het sedert 1960 geweldig toegeneem en pogings word aangewend om die park te vergroot sodat dit nie nodig sal wees om die olifanttrop uit te dun nie. In die Knysna-woude van SuidKaapland was daar vir 'n lang ruk ongeveer 12 olifante, maar dit lyk asof daar nou nie meer as 3 of 4 van hulle oor is nie. Baie moeite is gedoen om die diere te probeer bewaar, maar hulle toekoms lyk op die oomblik baie onseker. Sowel die Knysna- as die Addo-olifante behoort tot dieselfde spesie en waarskynlik ook selfs die subspesie as die olifante van die Krugerwildtuin, hoewel die tande van die Addo-olifante oor die algemeen kleiner is as die van die olifante van die Krugerwildtuin. Baie van die Addo-olifante het hoegenaamd geen slagtande nie. In die noorde van Natal is daar nag 'n klein groepie olifante wat heen en weer tussen daardie gebied en Mosambiek beweeg. Hierdie olifante is van die min olifante in Suid-Afrika wat nie tot 'n wildtuin beperk is nie. Elders in Suid-Afrika word olifante wat buite die grense van wildtuine beweeg, baie gou geskiet. IdentifikasieWysig Die Afrika-olifante word van die Asiatiese olifante onderskei deur beide algehele grootte asook die grootte van hul ore - Afrika-olifante is groter. Die Asiatiese olifant word meer algemeen as pakdier en vervoermiddel as hulle eweknieë in Afrika ingespan. SpesiesWysig Die volgende is die oorlewende olifantspesies in die wêreld: BronneWysig - Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0908409621, volume 21, bl. 97
<urn:uuid:44c17585-7ff4-4ace-878a-4e58826c7ebf>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Olifant
2019-07-18T23:32:30Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525863.49/warc/CC-MAIN-20190718231656-20190719013656-00010.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
1.000003
false
Plan de Sánchez-slagting Die Plan de Sánchez-slagting vind plaas in die dorpie Plan de Sánchez, Rabinal-munisipaliteit, Guatemala, op 18 Julie 1982. Meer as 250 mense (grootliks vrouens en kinders en amper uitsluitlik etniese Achi Mayas) word misbruik en vermoor deur lede van die Guatemala Gewapende Magte en hul paramilitêre alliansievennote. Hierdie moorde vind plaas tydens een van die geweldadigste periodes gedurende die Guatemala Burgeroorlog, waartydens verskeie groepe linksgesinde insurgente teen die regering en gewapende magte van Guatemala geveg het. Nadat President Efraín Ríos Montt die mag oorgeneem het in Maart 1982, het hy 'n pasifiseringsveltog geloods wat grootliks daarin geslaag het om die insurgente te verslaan, hoewel teen 'n hoë koste in menselewens en met die gepaardgaande skending van menseregte. Die massamoord in Plan de Sánchez was 'n element van die regering se verskroeide aardestrategie en die dorpie is geteiken omdat die owerhede agterdogtig was dat die inwoners skuiling bied aan guerrillas. Na die massamoord was die dorpie verlate vir 'n paar jaar en oorlewendes is gewaarsku dat hul vergelding sou kon verwag indien hulle oor die gebeure sou praat of selfs die massagrafte se ligging wat hul help grawe het, sou verklap. Met die geleidelike terugkeer van demokrasie in die laat 1980's en vroeë 1990's, het sommige van die oorlewendes begin om inligting van die massamoord bekend te maak. Beskuldigings is amptelik by die owerhede in 1992 aanhangig gemaak en in 1993 is 'n kriminele ondersoek geloods. Oponthoude in die ondersoek, ongerymdhede met die ondersoek en 'n nasionale versoeningswet wat amnestie aan die verdagtes verleen het, het die oorlewendes laat besluit om die saak na die Inter-Amerikaanse Kommissie vir Menseregte (IACHR), die supra-nasionale menseregteliggaam van die Organisasie van Amerikaanse State (OAS), in 1996 te neem. Die IACHR het die aansoek begin verwerk en het 'n erkenning van die staat se aanspreeklikheid van die eerste demokraties verkose president Alfonso Portillo in die eerste jaar van sy termyn ontvang. Die saak is daarna verwys na die Inter-Amerikaanse Hof vir Menseregte vir uitspraak en skikking. In 2004 het die Inter-Amerikaanse Hof vir Menseregte twee uitsprake gelewer wat die aanspreeklikheid van Guatamala bevestig het en 'n uitgebreide pakket van monetêre, nie-monetêre en simboliese vorme van kompensasie vir die oorlewendes en nakomelinge van die slagoffers toegestaan het. Nasionale konteksWysig 1982 was een van die bloedigste jare in Guatemala se 36-jaar lange geskiedenis van interne konflik (1960–1996). Op 23 Maart 1982, het soldate aangevoer deur junior offisiere 'n staatsgreep in Guatamala uitgevoer om die magsoordrag na Generaal Ángel Aníbal Guevara te verhoed. Guevara is uitgekies deur die uitgaande president generaal Romeo Lucas García wat 'n betwiste verkiesing twee weke vroeër gewen het. Die staatsgreepleiers het afgetrede generaal Efraín Ríos Montt versoek om die uittrede van beide García en Guevara te onderhandel. Ríos Montt, was 'n kandidaat van die Christen Demokratiese Party in die 1974 presidensiële verkiesings en dit is algemeen geglo dat hy van oorwinning in die verkiesing beroof is deur bedrog. Hy het die taak aanvaar en het 'n militêre junta byeengeroep bestaande uit drie persone. Die junta het die 1965-grondwet tot niet verklaar, die Kongres ontbind en alle politieke partye tot niet verklaar. Na 'n paar maande het hy sy juntakollegas afgedank en die de facto titel van President van die Republiek aangeneem. In sy inhuldigingstoespraak verklaar Ríos Montt — 'n lekepastoor in die evangeliese protestante Kerk van die Woord — dat sy presidentskap die wil van God is. Die land se guerrillamagte en hul linkse alliansievennote veroordeel Ríos Montt, wat poog om die guerilla-insurgensie te verslaan met 'n kombinasie van militêre aksie en ekonomiese hervormings. Hy beskryf sy strategie as frijoles y fusiles (bone en gewere). Die president is aangehaal in die New York Times van 18 Julie 1982 (die presiese dag van die Plan de Sánchez-moorde) waar hy 'n inheemse groep Guatemala-burgers toespreek en sê: "As julle met ons is, sal ons julle voed, indien nie, sal ons julle doodmaak." Die regering het begin om plaaslike "siviele selfverdediging-patrollies" (die paramilitêre magte, Spaans: patrullas de autodefensa civil, PAC). Deelname was teories vrywillig, maar in praktyk het baie campesinos, veral in die noordweste geen ander keuse gehad as om of by die PAC's of by die guerrillas aan te sluit nie. Die land se dienspligleër gesteun deur die PAC het byna alle gebiede wat deur die guerrillas beheer is, teruggeneem. Guerrilla-aktiwiteit het afgeneem en was grootliks beperk tot tref-en-trap operasies. Hierdie gedeeltelike oorwinning is bewerkstellig teen 'n enorme koste in siviele sterftes. Ríos Montt se relatief kort tydperk van presidentskap was waarskynlik die mees gewelddadige periode in die 36-jaar van interne konflik in Guatamala, wat aanleiding gegee het tot 200 000 sterftes van meestal die inheemse burgerlikes. Hoewel linkse guerrillas en regsgesinde groepe ook betrokke was by moorde, ontvoerings en marteling van burgerlikes, is die oorgrote meerderheid van menseregteskendings gepleeg deur die leër en die PAC wat deur hulle beheer is. Die interne konflik word in detail beskryf in die verslag van die Geskiedkundige Verklarende Kommissie (Comisión para el Esclarecimiento Histórico, of CEH), waarin geraam word dat die regeringsmagte en hul para-militêre vennote verantwoordelik was vir 93% van die menseregskendings. Op 8 Augustus 1983, word die regering van Ríos Montt omvergewerp deur sy Minister van Verdediging, Generaal Óscar Humberto Mejía Victores, wat hom opvolg as die de facto president van Guatemala. Plaaslike konteksWysig Rabinal, geleë by 15° 6′ 0″ N 90° 27′ 0″ W, is een van die agt munisipaliteite in die sentrale provinsie van Baja Verapaz. In 1982 het die munisipaliteit bestaan uit die munisipale hoofdorp Rabinal, 14 dorpies en 60 gehuggies. Een van daardie dorpies was Plan de Sánchez, geleë in 'n heuwelagtige boslandskap ongeveer 9 km van die dorp Rabinal. Die plaaslike inwoners was oorwegend Achi Maya inheemse Amerikaners. Achi is een van die 21 dialekte van die Maya taal wat erken word in Guatemala; volgens 'n regeringsensus van 2002 is dit die huistaal van ongeveer 105 000 mense in die Baja Verapaz-hooglande. Die gebeure van Julie 1982Wysig Sedert die begin van 1982 het die inwoners van die gebied toenemende druk ervaar van die owerhede. Verskeie van die plaaslike mans het geweier om aan die selfverdedigings patrollies (PAC) deel te neem. As gevolg hiervan het die leër 'n sterk teenwoordigheid in die omgewing gehandhaaf. Baie mans het uit hul huise gevlug na die berge en die vrouens en kinders agtergelaat. Ander het reeds voor die massamoord formele klagtes by die vredesregter in Rabinal ingedien. Die klagtes het hoofsaaklik gehandel oor die gewapende magte se dreigende optrede en teistering. Hierdie klagtes is nooit ondersoek nie, inteendeel die mans wat klagtes ingedien het, is beboet. Vroeg in Julie 1982 het 'n militêre vliegtuig oor die dorpie gevlieg en 'n paar bomme naby van die huise laat val. Op 15 Julie het 'n leëreenheid kamp opgeslaan naby die dorp en huis-tot-huis-deursoekings begin. Vrae is gevrae oor die mans se afwesigheid en inwoners is gedreig. 18 Julie was 'n Sondag — markdag in Rabinal. Die paaie en voetpaadjies van die munisipaliteit was van vroeg af vol mense op pad na die mark. Die dorpie van Plan de Sánchez was een van verskeie nedersettings waardeur 'n netwerk van die roetes geloop het. Teen ongeveer 08:00 daardie Sondagmôre het soldate van dié leëreenheid twee 105 mm-mortierpatrone op die dorp gevuur. Een van dié het oos van die hoofgroep huise geland en die ander, wes. Later dieselfde dag tussen 14:00 en 15:00, het 'n militêre eenheid in Plan de Sánchez aangekom. Hierdie was ongeveer 60 man, bestaande uit staandemagtroepe onder leiding van 'n kaptein en luitenant, PAC-lede, polisielede en siviele persone geklee in kamoefleerdrag en gewapen met aanvalsgewere. Die mag het posisies ingeneem op alle toegangsroetes tot die dorpie. Individue van ander dorpe op pad terug van die mark is weggewys. Ander het van huis tot huis gegaan en die inwoners bymekaargemaak. Op hierdie stadium het sommige van die mans na die omliggende woude gevlug. Die jonger vrouens is na een huis gestuur en die mans, kinders en ouer vroue na 'n ander huis gestuur. 'n Groep van omtrent twintig van die jonger vroue (met 'n ouderdom tussen 12 en 20) is geskei van die hoofgroep en na 'n ander gebou geneem. Hulle is verkleineer, beskuldig daarvan dat hulle die guerrillas ondersteun, geslaan en verkrag. 'n Paar van die vroue het daarin geslaag om te ontsnap en het in die omgewing geskuil. Die oorblywende vroue is vermoor. Die kinders is geskei van die hoofgroep en doodgeslaan en doodgeskop. Teen ongeveer 17:00, het die soldate twee handgranate in die huis gegooi waar die volwassenes aangehou is en het met outomatiese wapens op die huis begin skiet. Inwoners van nabygeleë dorpies naby Plan de Sánchez wat die massamoord van nabygeleë heuwels dop gehou het, het gerapporteer dat geweervuur tot ongeveer 20:00 voortgeduur het en dat die geboue daarna aan die brand gesteek is. Die gewapende magte het die dorp teen ongeveer 23:00 verlaat. Die volgende môre het sommige van diegene wat gevlug het, teruggekeer na die dorpie. Geen van die liggame kon uitgeken word nie. Die meeste het verbrand en die wat buite die huise was, is erg vermink deur verskeie skietwonde terwyl honde en ander diere ook aan die lyke gevreet het. Teen 15:00 daardie Maandag het twee militêre kommissarisse en 'n afdeling PAC-lede in Plan de Sánchez gearriveer en opdrag gegee dat die oorlewendes grafte moet grawe en die slagoffers moet begrawe. Hulle het gedreig dat die dorpie gebombardeer sou word indien dié opdrag nie uitgevoer sou word nie. Meer as 20 versteekte kommunale grafte was nodig om al die lyke te begrawe. Intussen het die PAC lede die huise wat nie afgebrand is nie, beroof. Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
<urn:uuid:499913fb-2904-4568-b941-b0c8f7ccc040>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Plan_de_S%C3%A1nchez-slagting
2019-07-19T00:02:49Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525863.49/warc/CC-MAIN-20190718231656-20190719013656-00010.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99998
false
Suidwes-Afrika Suidwes-Afrika (Duits: Südwestafrika, Engels: South-West Africa, Nederlands: Zuidwest-Afrika; kort SWA) is 'n voormalige Volkebond-mandaat van Suid-Afrika, wat tussen 1915 en 1990 op die gebied van die huidige Republiek van Namibië bestaan het. Die Unie van Suid-Afrika het die gebied op 9 Julie 1915 tydens die Eerste Wêreldoorlog (sien Suidwes-Afrika-veldtog) van die Duitse Keiserryk verower en geannekseer. Met die Verdrag van Versailles, wat ná die Eerste Wêreldoorlog op 28 Junie 1919 onderteken is, het die Volkebond die gebied aan Suid-Afrika oordra. Op 14 Desember 1946 het die Verenigde Nasies die gebied van Suid-Afrika se heerskappy ontbind, wat die Unie geïgnoreer het en Suidwes-Afrika tot sy vyfde provinsie verklaar het.[1] Op 27 Oktober 1966 het die Verenigde Nasies die gebied as Namibië onder sy eie regering gestel, wat tot die Namibiese Onafhanklikheidsoorlog van die SWAPO teen Suid-Afrika gelei het. 1971 het die Internasionale Geregshof die Suid-Afrikaanse besetting vir ongrondwetlik met die internasionale reg verklaar, wat sedert die mid-1970's tot 'n voortdurende oorgangsproses tot die onafhanklikheid van Namibië gelei het. Inhoud BantoestansWysig Die Suid-Afrikaanse regering het 10 bantoestans in Suidwes-Afrika in die laat 1960's en vroeë 1970's in ooreenstemming met die Odendaal-plan, waarvan vier selfregering toegestaan is, gestig.[2] Hierdie Bantoestans is in 1980 vervang met 'n aparte regering, wat op etnisiteit gebaseer is. Die bantoestans was: VerwysingsWysig BronneWysig - ( Johannes Paul: ) Deutsche, Buren und Engländer in Südwestafrika. Begleitwort zu einer Nationalitätenkarte der Europäer in Südwestafrika. In: „Koloniale Rundschau“ Heft 9/10, 1931. - ( Johannes Paul: Deutsch-Südwestafrika. In: Handwörterbuch des Grenz- und Auslandsdeutschtums, hrsg. von Carl Petersen; Otto Scheel; Paul Hermann Ruth; Hans Schwalm. )
<urn:uuid:7be0b376-4c8a-4784-80e2-bee152dd36b2>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Suidwes-Afrika
2019-07-18T23:20:29Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525863.49/warc/CC-MAIN-20190718231656-20190719013656-00010.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998781
false
Meer inligting kan u vind op Niesiklopedia en Hulp:Inhoud. Dit is 'n saamwerkprojek wat gewysig en instandgehou word deur duisende gebruikers. As u graag 'n Niesiklopedia-bydraer wil word, sien gerus "Welkom nuwelinge".
<urn:uuid:a01f4b58-5a6d-423d-80ee-2b1d84b80a2d>
CC-MAIN-2019-30
http://af.oncyclopedia.org/wiki/Niesiklopedia:Omtrent
2019-07-21T11:08:52Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00330.warc.gz
by-nc-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-nc-sa", "by-nc-sa", "by-nc-sa" ], "in_footer": [ false, true, true ], "in_head": [ true, false, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
1.000005
false
De Panne Jump to navigation Jump to search De Panne | ||| De Panne aan die Noordsee | ||| Ligging van De Panne in die provinsie Wes-Vlaandere | ||| Koördinate: Koördinate: | ||| Land | België | || ---|---|---|---| Gewes (deelstaat) | Vlaandere | || Provinsie | Wes-Vlaandere | || Regering | ||| - Burgemeester | Ann Vanheste (DAS) | || Oppervlak | ||| - Munisipaliteit | 23,9 km² (9,23 vk m) | || Bevolking (1 Januarie 2012) | ||| - Munisipaliteit | 10 748 | || - Digtheid | 449,77/km² (1 164,9/myl2) | || Poskode | 38008 | || Skakelkode(s) | 058 | || Webwerf: www.depanne.be | De Panne is 'n kusdorp en munisipaliteit in die Belgiese provinsie Wes-Vlaandere. Die munisipale gebied het ietwat meer as 10 000 inwoners. Dit is die mees westelike nedersetting in België en die mees suidelike oord langs die Belgiese kus. Wikimedia Commons bevat media in verband met De Panne. |
<urn:uuid:d0cfe250-8b38-48d8-b833-802a01fa4b2b>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/De_Panne
2019-07-24T00:26:47Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530246.91/warc/CC-MAIN-20190723235815-20190724021815-00090.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.931055
false
Kategorie:Liedartikels sonder liedskrywers Hierdie is 'n versteekte kategorie Dit kategoriseer bladsye vir administratiewe doeleindes. Dit vorm nie deel van die ensiklopedie nie. | This category is for articles about songs where the article is missing the songwriters, because it has not been researched, noted in the relevant article, or available in a reliable source. If the songwriter is never likely to be known (e.g. for historical works), please use Category:Songwriter unknown. Hierdie kategorie bevat geen bladsye of media nie.
<urn:uuid:49a3bc89-7b79-4450-a194-8ffde1fb28a1>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Liedartikels_sonder_liedskrywers?from=Jc
2019-07-24T00:54:36Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530246.91/warc/CC-MAIN-20190723235815-20190724021815-00090.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.909397
false
Irene Hunt (aktrise) Jump to navigation Jump to search Irene Hunt | | Geboorte | 22 Februarie 1892 | ---|---| Nasionaliteit | Amerikaans | Sterfte | 13 Oktober 1988 (op 96) | Beroep(e) | Aktrise | Internet-rolprentdatabasis-profiel | Irene Hunt (22 Februarie 1892 – 13 Oktober 1988) was 'n Amerikaanse aktrise. Sy was bekend vir haar rolle in die rolprente Oliver Twist, Jr. (1921) en The Dramatic Life of Abraham Lincoln (1924). Filmografie[wysig | wysig bron] Rolprente[wysig | wysig bron] - 1914: The Great Leap: Until Death Do Us Part - 1914: The Life of General Villa - 1915: The Outlaw's Revenge - 1915: The Penitentes - 1915: Strathmore - 1916: Gloriana - 1916: The Man from Nowhere - 1917: The Birth of Patriotism - 1917: Heart Strings - 1917: The Maternal Spark - 1917: The Stainless Barrier - 1918: The Hopper - 1918: Old Love for New - 1918: The Hand at the Window - 1918: His Enemy, the Law - 1920: Moon Madness - 1921: Oliver Twist, Jr. - 1921: The Last Card - 1922: Forget Me Not - 1922: The Milky Way - 1922: Pawn Ticket 210 - 1923: The Gunfighter - 1924: The Dramatic Life of Abraham Lincoln - 1924: The Foolish Virgin - 1926: The Phantom of the Forest
<urn:uuid:8c33b4db-a652-4644-9ec9-4780314fcc02>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Irene_Hunt_(aktrise)
2019-07-16T12:51:15Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524548.22/warc/CC-MAIN-20190716115717-20190716141717-00274.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.687784
false
Wendy Schaal Jump to navigation Jump to search Wendy Schaal | | Geboortenaam | Wendy K. Schaal | ---|---| Geboorte | 2 Julie 1954 | Nasionaliteit | Amerikaans | Kinders | 2 | Beroep(e) | Aktrise | Internet-rolprentdatabasis-profiel | Wendy Schaal (gebore 2 Julie 1954) is 'n Amerikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente *batteries not included (1987), Innerspace (1987), The 'Burbs (1989), en Small Soldiers (1998). Inhoud Filmografie[wysig | wysig bron] Rolprente[wysig | wysig bron] - 1984: Where the Boys Are - 1985: Creature - 1987: *batteries not included - 1987: Innerspace - 1989: The 'Burbs - 1991: Going Under - 1998: Small Soldiers Televisiereekse[wysig | wysig bron] - 1977: Fantasy Island - 1989: Nearly Departed - 1990: Good Grief - 1994: Rebel Highway - 2005: American Dad! Televisierolprente[wysig | wysig bron] - 1988: Mutts - 1995: Out There Video's[wysig | wysig bron] - 2014: There Goes the Neighborhood: The Making of 'The 'Burbs'
<urn:uuid:0116e68c-f897-4760-8a51-8194977914d1>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Wendy_Schaal
2019-07-16T13:04:37Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524548.22/warc/CC-MAIN-20190716115717-20190716141717-00274.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.951706
false
Groot moondheid As 'n groot moondheid word gewoonlik daardie state aangedui wat die vermoeë het om druk in die internasionale politiek uit te oefen deur hul omvangryke ekonomiese, politieke en militêre mag. Ander state moet hul standpunte in ag neem voordat hulle 'n diplomatieke of militêre besluit neem. Hulle het die vermoë om amper oral oral militêr in te gryp en het ook 'n sekere kultuurmag, gewoonlik in die vorm van ekonomiese beleggings in minder ontwikkelde dele van die wêreld. Terwyl sommige nasies algemeen beskou word as groot moonthede, is daar geen definitiewe lys van hulle nie. Soms word die status van groot moonthede amptelik erken in konferensies soos die Kongres van Wene of die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies (Volksrepubliek van China, Frankryk, Rusland, die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State (VSA) wat vyf permanente lede van die Raad is). Gevolglik is die status van grootmagte ook formeel en informeel erken in forums soos die Groep van Sewe (G7). Die VSA word tans ook beskou as 'n supermoondheid. Daar is dus verskillende menings oor watter nasies tans as groot moondhede beskou kan word. Sommige glo dat Indië, en selfs die Europese Unie (EU) daaraan behoort. Daar is ook 'n alternatiewe siening wat sê dat toenemende afhanklikheid tussen state die konsep van 'n groot moontheid onnodig maak omdat die wêreld multipolêr is. Daar is 'n debat oor die mag en invloed van die EU. As die lidlande verenig is in een staat, kan dit moontlik 'n groot moontheid of self 'n supermoondheid word. Maar die meeste is dit eens dat die EU, omdat dit nie die politieke eenwording van 'n soewereine staat het nie, nie as 'n groot moondheid in sy huidige hoedanigheid beskryf kan word nie. Inhoud KriteriaWysig Alhoewel die kriteria mag verskil, is die volgende dikwels deel daarvan: • Die vermoë om by te dra tot die internasionale orde; • Interne kohesie om effektiewe staatsinmenging moontlik te maak; • Ekonomiese mag, soos groot ekonomiese groei of 'n groot interne mark; • Militêre mag, met die moontlikheid om met ander dominante magte in 'n konvensionele oorlog mee te ding. Belangrike kriteria is die saamgestelde indeks of nasionale vermoë, wat die relatiewe potensieële militêre vermoëns van 'n land meet, die verdediging uitgawes en die samestelling van die wapensarsenaal. Sagte mag (Soft power), 'n sekere kulturele gesag buite die land se grense. Die mees opvallende voorbeelde van sagte krag is die kulturele navolging van die Verenigde State in Europa, Japan en selfs China (McDonaldisering), internasionale status en taalgebruik (nou Engels, voorheen Frans) en die godsdienstige gesag wat Saoedi Arabië eis gebaseer op die besit van die Moslem heilige stede van Mekka en Medina. GeskiedenisWysig Daar was in die geskiedenis verskeie groepe groot moondhede. Na 1815 is die Verenigde Koninkryk, Rusland, Frankryk, Oostenryk en Pruise met die 'Konsert van Europa' as die vyf groot moondhede beskou. Die eerste drie het kolonies buite Europa gehad. Oostenryk is beskou as 'n ryk in sy vroeë vorm, dié van 'n monargie wat verskeie koninkryke ingesluit het. Pruise was 'n nuweling, wat ontstaan het deur die militaristiese groot strategie (oorspronklik: stratégie generale) van Frederik die Grote. Na die vereniging van Duitsland in die Duitse Keiserryk in 1871 en die vereniging van Italië, is hulle ook as groot moondhede beskou; Duitsland as 'n voortsetting van Pruise. Teen hierdie tyd het die Verenigde State ook begin om mag op te bou deur die beste deel van die Noord-Amerikaanse vasteland te beset, die konstruksie van spoorweë en die ontwikkeling van die vervaardigings belt, 'n bevolking wat steeds deur immigrasie groei en die bestendige uitbreiding van die Amerikaanse uitvoer ekonomie. Die Spaans-Amerikaanse Oorlog van 1898 kan gesien word as die begin van die Verenigde State as groot moondheid en die definitiewe einde van die Spaanse (koloniale) ryk. Rondom hierdie tyd is Oostenryk-Hongarye en die Ottomaanse Ryk (reeds) beskou as moondhede in agteruitgang. Ná die Eerste Wêreldoorlog, tydens die Vredeskonferensie in Parys, is vier moondhede erken: die Britse Ryk, die Verenigde State, Frankryk en Italië. Die Verenigde State het egter vinnig teruggetrek in isolasie. Die status van Japan was afsonderlik hanteer. Alhoewel Japan nie deel van die Groot Vier was nie, het hulle twee stemme gekry, net soos die Groot Vier. Hul posisie is beklemtoon deur hul rassegelykheidsvoorstel, wat 'n aantal kwessies aangehaal het, insluitend hul status as groot moondheid. Alhoewel hierdie voorstel nie aanvaar is nie, in 'n poging deur die eerste Britse en dan die Amerikaners om die Australiese Wit Australië-beleid te verdedig, was die suksesvolle behoud van Shandong en die Duitse eilande noord van die ewenaar in die Stille Oseaan, 'n aanduiding dat hulle 'n posisie as 'n nie-blanke moondheid ingeneem het. Vier lande het dus uit die lys verdwyn en het opgehou om as groot moondhede beskou te word: Duitsland, Oostenryk-Hongarye, Rusland (die Sowjetunie) en die Ottomaanse Ryk. In al hierdie lande het die regering verval en chaos uitgebreek. Daarbenewens is hulle ook uit die vredesbesprekings gehou en het Oostenryk-Hongarye en die Ottomaanse Ryk gedisintegreer. Die Sowjetunie sou ekonomies en militêr in die 1920's en 1930's herstel, maar het op diplomatieke terrein geïsoleer gebly. Duitsland het ook in 1933 'n korttermynherstel onder Adolf Hitler ondergaan; diplomatieke isolasie verbreek, die weermag en die ekonomie herstel, en die etniese Duitse, Nazi en Fassistiese partye in die buiteland het 'n bron van sagte mag vir Duitsland geword. In 1939 sou Duitsland egter met Italië en Japan 'n oorlog begin en die verlies daarvan het hul status van groot moondheid daarna voorlopig verloor. Na die Tweede Wêreldoorlog in 1945 word die Verenigde State, die Sowjetunie, die Verenigde Koninkryk, Frankryk en die Volksrepubliek van China die groot moondhede met permanente setels en die veto reg in die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies. In 1945 was die Verenigde State met 'n ongeskonde grondgebied en demografie, die wêreld se grootste ekonomie, die enigste staat met kernwapens en 'n positiewe beeld as 'kampioen van die vrye wêreld', verreweg die belangrikste mag. Instellings soos die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) en die Wêreldbank is oorheers deur die VSA. Die Sowjetunie het 'n nadeel gehad met 'n ongemaklike ekonomie en demografie, maar het dit vinnig ingehaal deur die industrie weer in bedryf te stel, sy eie kernwapens te ontwikkel, 'n groot moderniserende en beter geleide weermag, 'n band van satellietstate en die beeld van kommunisme as bevryding vir die armes en onderdruktes te bevorder. Groot moondhede word dikwels geassosieer met die vertoning van mag deur sekere tegnologieë, soos die Dreadnought (soort oudtydse slagskip) of kernwapens. 'n Groot defensiewe infanterie-weermag, soos wat die Chinese tydens die era van Europese oorheersing gehad het, kon nie mag buite hul eie streek projekteer nie. Selfs die Amerikaanse leër en die vloot was onvoldoende ten tye van die Amerikaanse Burgeroorlog omdat hulle geen slagskepe gehad het nie. Rykdom kan 'n militêre faktor wees. Brittanje kon nie vinnig 'n groot leër mobiliseer nie, maar kon sy bondgenote tydens die Napoleontiese Oorloë finansier. Van die Berlynse Kongres, 'n vredeskonferensie vir 'n relatief klein oorlog, het Turkye en Italië se status verhoog. Internasionale vergaderings, wat in die tweede helfte van die negentiende eeu ontstaan het, het ook gedien om die posisie van groot moondhede aan te dui in die afwesigheid van vrede konferensies na oorloë, soos die Koloniale Konferensie van Berlyn. Sedert die einde van die wêreldoorloë is die term groot moondheid verdeel in verskillende kategorieë. Die term 'supermoondheid' word gebruik om 'n land aan te dui wat in staat is om die wêreld te oorheers. Hierdie term is hoofsaaklik gebruik vir die Verenigde State en die Sowjetunie. Na die desintegrasie van die Sowjetunie het die VSA die enigste supermoondheid gebly; 'n mens praat ook van 'n hipermoondheid. Tabel van die groot moondhede in die moderne geskiedenisWysig Land | Data | Opkoms | Ondergang | Opmerkings | ---|---|---|---|---| Oostenryk/ Oostenryk-Hongarye | 1687-1918 | Slag van Mohács (1687) | Eerste Wêreldoorlog | Onder die Habsburg-monargie. | Chinese Keiserryk/ Volksrepubliek van China | 1368-1842, 1978-hede | Begin van die Ming-dinastie. Ekonomiese groei en militêre mag. | Eerste Opiumoorlog | Onder die Ming en Qing dinastieë. Teenswoordig onder die Volksrepubliek China. | Duitsland | 1871-1918, 1933-1945, jare 70-hede | Frans-Pruisiese Oorlog (1871), Derde Ryk (1933-1945), Wirtschaftswunder "ekonomiese wonder van Duitsland" jare 70, ekonomiese mag, Groep van Agt-land (aanvanklik Wes-Duitsland, na die Duitse hereniging voortgesit) | Eerste Wêreldoorlog, Tweede Wêreldoorlog; nie van toepassing na 1991 | Onder Huis van Hohenzollern, as Republiek van Weimar, onder Hitler en nou as Bondsrepubliek Duitsland. | Engeland/ Groot-Brittanje/ Verenigde Koninkryk | 1688-hede | Die Glorious Revolution (1688), ekonomiese mag, Groep van Agt-land | Onder William III, Huis van Hannover, Huis van Saksen-Coburg, Huis van Windsor en die Britse Parlement. | | Frankryk | 1214-hede | Die Slag van Bouvines (1214), Slag van Castillon (1453), ekonomiese mag, Groep van Agt-land | Onder Karolingers, Huis van Boergondië, Huis van Bourbon, Napoleon, Napoleon III en verskillende Franse Republieke. | | Heilige Roomse Ryk | 955-1618 | Slag van die Lechveld | Tweede Praagse Defenestrasie / Dertigjarige Oorlog | Onder Karolingse dinastie, Ottoonse dinastie, Saliese dinastie, Hohenstaufen dinastie en die Huis van Habsburg | Italië | 1861-1945, jare 70-hede | Italiaanse eenwording, ekonomiese wonder (jare 70), ekonomiese mag, Groep van Agt-land | Tweede Wêreldoorlog | Onder die Huis van Savoje en later Mussolini; ekonomiese uitbreiding na die ekonomiese wonder in die afgelope dekades | Japan | 1905-1945, jare 70-hede | Russies-Japannese Oorlog, ekonomiese mag, Groep van Agt-land | Militêre vernietiging deur die VSA tydens die Tweede Wêreldoorlog | Ineengestort na die Tweede Wêreldoorlog, maar herstel in die jare sewentig. | Die Mongoolse Ryk | 1526-1739 | Inval van Indië | Inval van die Britte en die Britse Oos-Indiese Kompanjie | Pakistan, Indië en Afghanistan | Nederland | 1579-1795 | Unie van Utrecht | Bataafse Republiek | Onder die State-Generaal van die Nederlande | Die Ottomaanse Ryk | 1453-1918 | Verowering van Konstantinopel | Eerste Wêreldoorlog | Onder Huis van Osman | Pole-Litaue | 1410-1795 | Slag van Tannenberg (1410), Tweede Vrede van Toruń | Begin van die Poolse partisie | Unie 1385-1569. Enkele staat na 1569 (Unie van Lublin) Onder die Jagiello-dinastie en gekose konings. | Portugal | 1415-1581, 1640-1822 | Portugese kolonisasie, Portugese onafhanklikheidsoorlog | Spaanse anneksasie, Napoleontiese Oorloë en Brasiliaanse onafhanklikheid | | Pruise | 1763-1871 | Sewejarige Oorlog | Duitse eenwording | Onder Huis van Hohenzollern; opgevolg deur die Duitse Ryk | Rusland | 1721-1917 (Russiese Ryk), 1991-hede (Russiese Federasie) | Die Groot Nordiese Oorlog | - | Onder Huis van Romanof (Russiese Ryk), nou 'n federasie en die formele opvolger van die USSR; huidige mag vanuit militêre sterkte, VN veto, uitgebreide natuurlike hulpbronne, besit van 'n groot kern arsenaal, gevorderde militêre, ruimtevaart, wetenskap en tegnologie | Die Sowjetunie | 1945-1991 | Tweede Wêreldoorlog | Ontbind in 1991 deur Rusland, Oekraïne en Wit-Rusland,nadat staatsgreep misluk het. | Onder die kommunisme, bestaan uit 15 Sosialistiese Sowjetrepublieke; militêre sterkte, diplomatiekee invloed, groot industrie, uitgebreide natuurlike hulpbronne, besit van 'n groot kern arsenaal, gevorderde militêre, ruimtevaart, wetenskap en tegnologie | Spanje | 1469-1898 | Eenwording van Spanje | Spaans-Amerikaanse Oorlog | Onder Huis van Trastamara, Huis van Habsburg en Huis van Bourbon | Verenigde State | 1898-hede | Spaans-Amerikaanse Oorlog | - | Ekonomiese mag, Groep van Agt (G8)-land, wetenskap en militêre mag | Swede | 1611-1721 | Die Ingriese Oorlog | Die Groot Nordiese Oorlog | Deels deur die produksie van yster en staal. | BronWysig - Hierdie artikel is vertaal vanuit die Nederlandse Wikipedia
<urn:uuid:b688b7d7-4b22-4987-b55e-f0b6aaebcbbe>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Groot_moondheid
2019-07-18T23:21:58Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525863.49/warc/CC-MAIN-20190718231656-20190719013656-00034.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999984
false
Ingmar Bergman Ingmar Bergman | | Ingmar Bergman in 1957 Geboortenaam | Ernst Ingmar Bergman | ---|---| Gebore | 14 Julie 1918 Uppsala, Swede | Oorlede | 30 Julie 2007 (op 89) Fårö, Swede | Nasionaliteit | Swede | Beroep | Rolprentregisseur, vervaardiger en draaiboekskrywer | Eerbewyse | Goethe-prys Praemium Imperiale | Huweliksmaat | Else Fisher (1943–45) Ellen Lundström (1945–50) Gun Grut (1951–59) Käbi Laretei (1959–69) Ingrid von Rosen (1971–95) | Handtekening | Hy was die regisseur van 62 rolprente (die meeste hiervan het hy self geskryf) en 170 toneelstukke. Die meeste van sy rolprente het in sy geboorteland, Swede, afgespeel. Die deurlopende temas van sy werke was dikwels mistroostig en het oor fisiese en psigiese siektes gehandel. Hy het ’n Oscar vir The Virgin Spring (1960) en Through a Glass Darkly (1962) ontvang.[3] Bergman was vir meer as 60 jaar aktief, maar sy loopbaan was ernstig bedreig in 1976 na 'n verknoeide misdaadondersoek rakende beweerde belastingontduiking. Bergman het 'n aantal van sy produksies gestaak, sy ateljee gesluit en daarna tydens 'n selfopgelegde bannelingskap vir agt jaar vanuit Duitsland gewerk. Inhoud BiografieWysig Ernst Ingmar Bergman is in Uppsala, Swede gebore aan 'n Lutherse predikant van Deense afkoms, Erik Bergman (later kapelaan vir die Sweedse Koning) en sy vrou, Karin (née Åkerblom). Tydens sy jeug was Ingmar omring deur religieuse verbeeldings en besprekings. Sy vader was 'n konserwatiewe minister en 'n streng ouer. In sy outobiografie, Laterna Magica, skryf Ingmar "Terwyl vader vanaf die kansel gepreek het en die gemeente gebid, gesing of geluister het, het ek my aandag geskenk aan die kerk se raaiselagtige wêreld van lae gewelwe, dik mure, die reuk van die ewigheid, die gekleurde sonlig al bewende op die vreemdste vegetasie van middeleeuse skilderye en gekerfde figure op die plafonne en mure. Daar was alles wat 'n mens se verbeelding kon begeer: engele, heiliges, drake, profete, duiwels, mense."[4] Bergman se belangstelling in die teater- en rolprentwêreld het op 'n vroeë ouderdom begin: "Op 9-jarige ouderdom het hy 'n stel bliksoldate vir 'n gehawende towerlantern verruil, 'n besitting wat sy lewenskoers verander het. Hy onthou hoe hy binne-in 'n jaar, deur met hierdie speelding te speel, 'n private wêreld geskep het waarin hy geheel en al tuis gevoel het. Hy het sy eie dekor, marionette en beligtingeffekte geskep en poppespele aangebied wat op toneelstukke van Strindberg gebaseer is en waarin hy sy stem aan al die rolle verleen het.[5] Hy het twee vyf-maand-lange termyne van verpligte militêre diens gelewer en het die Stockholm Hoërskool en Stockholm Universiteit ("Stockholms universitet") bygewoon. Daar het hy oorspronklik vir 'n kursus in letterkunde en kuns ingeskryf, maar het halfverweë opgehou na hy geïnteresseerd geraak het in die teaterwêreld en later ook in rolprente (teen die vroeë 1930's was hy 'n "opregte rolprentverslaafde").[6] Alhoewel hy in 'n toegewyde Lutherse huishouding grootgeword het, het Bergman sy geloof reeds op agt-jarige ouderdom verloor. Hy het egter eers vrede met hierdie feit kon maak tydens die verfilming van die 1962-film Nattvardsgästerna.[7] Sedert die vroeë sestigerjare het Bergman 'n groot deel van sy lewe op die Sweedse eiland Fårö (net noord van Gotland) deurgebring, waar hy ook 'n aantal van sy films vervaardig het. Hy het na München verhuis vir 'n periode na die uitgestrekte stryd met die Sweedse regering rakende sy beweerde belastingontduiking. Bergman het eers weer in 1982 na Swede teruggekeer, waar hy toe die regie van die film, Fanny och Alexander, behartig het. Bergman het verklaar dat dit sy laaste film sou wees en dat hy voortaan slegs verhoogproduksies sou bestuur. Hy het egter sedertdien 'n aantal televisiefilms vervaardig, maar het later op Fårö afgetree. RolprentloopbaanWysig TegniekWysig As 'n regisseur het Bergman intuïsie bo intellek vertrou en het 'n nie-aggressiewe benadering gekies in sy werk met akteurs. Hy het homself as verantwoordelik vir sy akteurs beskou en het hulle gesien as medewerkers wat dikwels in 'n psigologies kwetsbare posisie is. Hy was van mening dat 'n regisseur beide eerlik en ondersteunend moet wees, ten einde akteurs toe te laat om hulle beste werk te lewer. Sy rolprente handel gewoonlik oor eksistensialistiese vrae oor sterflikheid, eensaamheid en geloof en dié rolprente was oor die algemeen direk en nie openlik gestileerd nie. Een van Bergman se bekendste rolprente, Persona, is opvallend, siende dat die film beide eksistensialisties en avant-garde is. Alhoewel sy rolprente intellektuele temas bevat het, het die kwessie van seksuele begeerte in die voorgrond van die meeste van sy rolprente voorgekom, of die toneel nou 'n middeleeuse plaag was (Det Sjunde inseglet), die lewe van 'n ryk familie in vroeë 20-eeuse Uppsala (Fanny och Alexander) of eietydse vervreemding (Tystnaden). Sy vroulike karakters was gewoonlik meer in voeling met hulle eie seksualiteit as hulle manlike medespelers en het ook nie geskroom om dit te verkondig nie, al was dit soms met verstommende rondborstigheid (bv. Viskningar och rop). In 'n onderhoud met die tydskrif, Playboy, in 1964, het hy gesê: "...die openbaring van seks is baie belangrik en veral vir my, want bo alles wil ek nie slegs intellektuele films maak nie. Ek wil hê dat gehore my films moet voel, moet áánvoel. Vir my is dit baie belangriker as wat hulle slegs my films verstaan."[9] Volgens Bergman was rolprente sy veeleisende minnares. Sommige van sy grootste aktrises het ook in die werklikheid die rol van sy minnares gespeel. Liefde - verdraai, gefnuik, onverklaar, verstoot - was die leidende motief van baie van sy rolprente, moontlik beginnende met Nattvardsgästerna (1962), waar 'n pastoor se onvrugbare geloof gekontrasteer word met sy minnares se spytvolle stryd om hom te help om spirituele regverdiging deur menslike liefde te vind. Bergman het gewoonlik sy eie draaiboeke geskryf en het dikwels maande of selfs jare daaroor gedink voor hy die fisiese proses van neerlegging begin het ('n proses wat hy as ietwat langdradig beskou het). Sy vroeë films is met sorg gestruktureer en is óf op sy toneelstukke gebaseer of in medewerking met ander draaiboekskrywers geskryf. Volgens Berman het akteurs van sy latere rolprente soms dinge anders wou doen as wat hy dit beplan het en het hy hulle toegelaat, na hy gemerk het dat die gevolg soms "rampsalig" was wanneer hy dit nie toegelaat het nie. Soos sy loopbaan gevorder het, het Bergman sy akteurs meer en meer toegelaat om hulle dialoog te improviseer. In sy laaste rolprente het hy slegs die idees om die toneel verskaf en sy akteurs toegelaat om self op hulle presiese dialoog te besluit. Vaste toneelgeselskapWysig Bergman het 'n persoonlike "vaste toneelgeselskap" ontwikkel van Sweedse akteurs en aktrises wat hy herhaaldelik in sy rolprente gebruik het. Hulle het Max von Sydow, Bibi Andersson, Harriet Andersson, Erland Josephson, oorle Ingrid Thulin, en Gunnar Björnstrand ingesluit; elkeen van hierdie akteurs en aktrises het in ten minste vyf van Bergman se rolprente verskyn. Die Noorse aktrise, Liv Ullman, wat in nege van sy rolprente verskyn het, was die laaste om by die groep aan te sluit met die 1966 film, Persona. Van die groep was sy ook uiteindelik die nouste geassosieer met Bergman, beide op 'n kunssinnige en persoonlike vlak. In 1966 het die twee 'n dogter, Linn Ullmann, gehad. Bergman het in 1953 saam met sy kameraman, Sven Nykvist, begin werk. Die werksverhouding wat die twee ontwikkel het was van so 'n mate dat Bergman eers die dag voor verfilming sou wonder oor die samestelling van 'n skoot. Die volgende oggend sou hy kortliks die stemming en die komposisie wat hy wil hê, bespreek en dit dan aan Nykvist oorlaat, sonder om enigsins in te meng of kommentaar te lewer tot en met die naproduksie se besprekings. Beskuldigings van belastingontduiking en ballingskapWysig 1976 was een van Ingmar Bergman se traumatieste jare in sy lewe. Tydens die repetisie van die toneelstuk, Dödsdansen, deur August Strindberg, op 30 Januarie 1976 by die Kungliga Dramatiska Teatern ("Koninklike Dramatiese Teater") in Stockholm, is Bergman gearresteer deur twee polisiebeamptes in burgerdrag en daarvan aangekla dat hy sy inkomstebelasting ontduik het. Die gebeurtenis se impak op Bergman was verwoestend: hy het 'n senuwee-instorting gehad en is in die hospitaal opgeneem te midde van 'n diepe depressie. Die ondersoek was gefokus op 'n beweerde transaksie van SEK 500 000 (Sweedse krona) tussen Bergman se Sweedse maatskappy, Cinematograf en die se Switserse dogtermaatskappy, Persona, 'n entiteit wat hoofsaaklik gebruik was om die salarisse van buitelandse akteurs te betaal. Bergman het Persona in 1974 ontbind, na hy deur die Sweedse Sentrale Bank in kennis gestel is en het daarna die inkomste rapporteer. Op 23 Maart 1976 het die spesiale aanklaer, Anders Nordenadler, die aanklagte teen Bergman laat vaar en gesê dat die beweerde "misdaad" geen wettige basis het nie en dat dit vergelykbaar is met 'n persoon wat sy eie kar probeer steel. Alhoewel die aanklagtes ingetrek is, was Bergman vir 'n tydperk terneergedruk en gevrees dat hy nooit weer die rol van regisseur sou speel nie. Hy het uiteindelik van die skok herstel, maar, ondanks 'n smeekbede van die Sweedse eerste minister, Olof Palme, en leiers van die rolprentwêreld, het hy belowe dat hy nooit weer in Swede sou werk nie. Hy het sy ateljee op die Baltiese eiland, Fårö, gesluit, twee aangekondigde rolprentprojekte uitgestel en tydens 'n selfopgelegde bannelingskap na München, Duitsland verhuis. Alhoewel hy sy werk vanuit München voortgesit het, het dit teen 1978 geblyk dat Bergman sy oorgrote bitterheid teenoor sy vaderland verwerk het. Teen Julie van daardie jaar was hy terug in Swede, net op tyd om sy 60ste verjaardag op Fårö te vier. Hy het ook sy werk as regisseur by die Koninklike Dramatiese Teater gedeeltelik hervat. Ter ere van sy terugkoms het die Sweedse Filminstituut ("Svenska Filminstitutet") 'n nuwe jaarlikse toekenning geloods wat na Ingmar Bergman vernoem was en toegeken word in erkenning vir uitmuntende rolprentvervaardiging.[10] Bergman het tot 1982 steeds die meerderheid van sy tyd in München spandeer, maar het in die jaar na sy tuiste teruggekeer om die regie van Fanny och Alexander te behartig. Bergman het verklaar dat dié sy laaste rolprent sou wees en dat hy daarna slegs op toneelstukke sou fokus. Hy was egter sedertdien die regisseur van verskeie televisie-aanbiedings en het ook 'n aantal draaiboeke geskryf, terwyl hy sy werk by die teater voortgesit het. In 2003 het Bergman, op 84-jarige ouderdom, 'n nuwe rolprent geregisseer: Saraband. Dié rolprent het aansienlik van Bergman se vorige projekte verskil. Bergman se introspektiewe blik op sy loopbaanWysig Volgens Bergman, het hy sy rolprent Nattvardsgästerna[11] die hoogste geag van al sy rolprente. In 'n 2004-onderhoud het hy egter verklaar dat sy rolprente hom depressief maak en dat hy hulle nie meer kan kyk nie.[12] Volgens Bergman, het hy die rolprentmedium tot sy uiterste geforseer. Drie van sy rolprente, Såsom i en spegel (1961), Nattvardsgästerna (1962) en Tystnaden (1963) word deur kritici as 'n trilogie beskou. Bergman het teen hierde saamgroepering uitgevaar en verklaar dat hy geensins bedoel het om 'n verbinding tussen die drie rolprente te skep nie en dat hy self nie enige ooreenstemmende motiewe in die rolprente kon sien nie.[13] Die verklaring kontrasteer egter met die feit dat Bergman die draaiboeke van die drie rolprente saam in 'n enkelbundel uitgegee het, met 'n inleidende aantekening wat lui: "Hierdie drie rolprente handel oor vermindering. Såsom i en spegel - het sekerheid oorwin. Nattvardsgästerna - het sekerheid binnegedring. Tystnaden - God se stilte - die negatiewe afdruk. Dus vorm hulle saam 'n trilogie."[14] Bydraes tot die teaterWysig Alhoewel Bergman alombekend is vir sy bydraes rakende rolprente, was hy ook sy hele lewe lank 'n aktiewe en produktiewe verhoogregisseur. Hy was ook die bestuurder van 'n aantal toonaangewende teaters in Swede, waaronder die stadsteater van Malmö in die 1950's en die Koninklike Dramatiese Teater in Stockholm: daar was hy die uitvoerende bestuurder van 1963-66 en regisseur tot en met die negentigerjare. Hy was ook die bestuurder van die Residenz-Theater in München van 1977 tot 1984. Baie van die akteurs en aktrises wat hy in sy rolprente gebruik het, het hy ontmoet toe hy saam met hulle op die verhoog gewerk het. GesinsleweWysig Ingmar Berman was vyf keer getroud: - 25 Maart 1943 – 1945, met Else Fischer, danser en dansontwerper (geskei). Kinders: - Lena Bergman, aktrise, gebore in 1943. - 22 Julie 1945 – 1950, met Ellen Lundström, dansontwerper en rolprentregisseur (geskei). Kinders: - 1951 – 1959, met Gun Grut, joernalis (geskei). Kinders: - Ingmar Bergman Jr, lugrederykaptein, gebore 1951. - 1959 – 1969, met Käbi Laretei, konsertpianiste (geskei). Kinders: - 11 November 1971 – 20 Mei 1995, met grafin Ingrid von Rosen (née Ingrid Karlebo) (tot wewenaar gemaak). Kinders: Bergman se eerste vier huwelike het in egskeidings geëindig, terwyl die laaste geëindig het toe sy vrou aan maagkanker sterf. Hy was ook die ouer van skryfster, Linn Ullmann, saam met aktrise, Liv Ullmann. Bergman het in totaal nege kinders as sy eie erken. Naas sy huwelike het hy ook verhoudings gehad met Harriet Andersson 1952-55, Bibi Andersson 1955-59 en Liv Ullmann 1965-70. Toekennings en nominasiesWysig Oscar-toekenningsWysig Ingmar Bergman het 'n totaal van 3 Oscars gewen uit 'n totaal van 12 nominasies. Daarnaas is ook die Irving G. Thalberg Memorial Award aan hom toegeken in 1971. Dié toekenning word gegee aan "kreatiewe produseerdes wie se werke 'n volgehou hoë kwaliteit van rolprentprodusering weerspieël".[15] - 1960 - Nominasie vir beste oorspronklike draaiboek (Smultronstället). - 1961 - Gewen: beste rolprent in 'n vreemde taal (Jungfrukällan). - 1962 - Gewen: beste rolprent in 'n vreemde taal (Såsom i en spegel). - 1963 - Nominasie vir beste oorspronklike draaiboek (Såsom i en spegel) - 1971 - Die Irving G. Thalberg Memorial Award. - 1974 - Nominasie vir beste oorspronklike draaiboek (Viskningar och rop). - 1974 - Nominasie vir beste rolprent (Viskningar och rop). - 1974 - Nominasie vir beste regisseur (Viskningar och rop). - 1977 - Nominasie vir beste regisseur (Ansikte mot ansikte). - 1979 - Nominasie vir beste oorspronklike draaiboek (Höstsonaten). - 1984 - Gewen: beste rolprent in 'n vreemde taal (Fanny och Alexander). - 1984 - Nominasie vir beste oorspronklike draaiboek (Fanny och Alexander). - 1984 - Nominasie vir beste regisseur (Fanny och Alexander). BAFTA-toekenningsWysig - 1960 - Nominasie vir beste rolprent afkomstig van enige bron (Ansiktet). - 1984 - Nominasie vir beste buitelandse rolprent (Fanny och Alexander). Cesar-toekenningsWysig - 1976 - Nominasie vir beste buitelandse rolprent (Trollflöjten). - 1979 - Nominasie vir beste buitelandse rolprent (Höstsonaten). - 1984 - Gewen: beste buitelandse rolprent (Fanny och Alexander). - 2005 - Nominasie vir beste Europese rolprent (Saraband). Cannes-rolprentfeesWysig - 1955 - Gewen: beste poëtiese humor (Sommarnattens leende). - 1955 - Nominasie vir Palme d'Or (Sommarnattens leende). - 1957 - Gewen: Spesiale beoordelaarsprys (Det Sjunde inseglet). - 1957 - Nominasie vir Palme d'Or (Det Sjunde inseglet). - 1958 - Gewen: beste regisseur (Nära livet). - 1958 - Nominasie vir: Palme d'Or (Nära livet). - 1960 - Gewen: spesial vermelding (Jungfrukällan). - 1960 - Nominasie vir Palme d'Or (Jungfrukällan). - 1972 - Gewen: tegniese grootprys (Viskningar och rop) (1972) - 1997 - Gewen: Palm of Palms (eretoekenning) (1997) - 1998 - Gewen: Prys van die Ekumeniese Beoordelaars (eretoekenning vir die geheel van sy werke). Golden Globe AwardsWysig - 1984 - Nominasie vir beste regisseur (Fanny och Alexander). FilmografieWysig RegieWysig Die rolprente se oorspronklike titels word hier weergegee, met 'n vertaling van die titels se betekenis in Afrikaans in hakies. DraaiboekeWysig - 1944 Hets ("Spanning", geregisseer deur Alf Sjöberg) - 1947 Kvinna utan ansikte("Vrou sonder aangesig", geregisseer deur Gustaf Molander) - 1948 Eva (geregisseer deur Gustaf Molander) - 1950 Medan staden sover ("Terwyl die stad slaap", geregisseer deur Lars Erik Kjellgren) - 1951 Frånskild ("Geskei", geregisseer deur Gustaf Molander) - 1956 Sista paret ut ("Laaste paartjie uit", geregisseer deur Alf Sjöberg) - 1961 Lustgården ("Die paradys", geregisseer deur Alf Kjellin) - 1992 Den goda viljan ("Die goeie bedoeling", geregisseer deur Bille August) - 1992 Söndagsbarn ("Sondagskind", geregisseer deur sy seun, Daniel Bergman) - 1996 Enskilda samtal (geregisseer deur Liv Ullmann) - 2000 Trolösa ("Ongelowig", geregisseer deur Liv Ullmann) Aantekeninge en verwysingsWysig - Sweeds) (['ɪŋmar 'bærjman] in - "Ingmar Bergman, Famed Director, Dies at 89". New York Times. 2007-07-30. Besoek op 31 Julie 2007. Uit die artikel: "Ingmar Bergman, the “poet with the camera” who is considered one of the greatest directors in motion picture history, died today on the small island of Faro where he lived on the Baltic coast of Sweden, Astrid Soderbergh Widding, president of The Ingmar Bergman Foundation, said. Bergman was 89." - HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8 - Ingmar Bergman (1984). Laterna Magica. Norsted's. Vertaal vanaf die Engels: "While father preached away in the pulpit and the congregation prayed, sang or listened, I devoted my interest to the church’s mysterious world of low arches, thick walls, the smell of eternity, the colored sunlight quivering above the strangest vegetation of medieval paintings and carved figures on ceilings and walls. There was everything that one’s imagination could desire — angels, saints, dragons, prophets, devils, humans. - Oorspronklike aanhaaling: "At the age of 9, he traded a set of tin soldiers for a battered magic lantern, a possession that altered the course of his life. Within a year, he had created, by playing with this toy, a private world in which he felt completely at home, he recalled. He fashioned his own scenery, marionettes and lighting effects and gave puppet productions of Strindberg plays in which he spoke all the parts." in: Ingmar Bergman, Master Filmmaker, Dies at 89 deur Mervyn Rothstein, New York Times, 31 Julie 2007 - Ingmar Bergman: His Life and Films, deur Jerry Vermilye, 2001, bl. 6. Oorspronklike Engels: "a genuine movie addict". - The Films of Ingmar Bergman, deur Jesse Kalin, 2003, bl. 193 - Film director Bergman dies at 89 van die BBC se nuuswerf. Laaste besoek op 31 Julie 2007. - Ingmar Bergman: The Legendary Playboy Interview (in Engels). Laaste besoek op 31 Julie 2007. In die oorspronklike Engels: ...the manifestation of sex is very important, and particularly to me, for above all, I don't want to make merely intellectual films. I want audiences to feel, to sense my films. This to me is much more important than their understanding them. - Ephraim Katz. The Film Encyclopedia. New York : HarperCollins, 5th ed. 1998 - Winter Light. by die webwerf, www.sensesofcinema.com. Laaste besoek op 1 Augustus 2007. - Bergman 'depressed' by own films. 4 Oktober 2004. By die webwerf van die BBC. - Tydens die eerste van 'n reeks onderhoude met Marie Nyreröd getiteld Bergman och filmen. Uitgesaai op die nasionale Sweedse kanaal, Sveriges Television tydens April 2004. - Bergmanorama.com: Through a Glass Darkly. Laaste besoek op 2 Augustus 2007. Oorspronklike Engelse teks: These three films deal with reduction. Through a Glass Darkly - conquered certainty. Winter Light - penetrated certainty. The Silence - God's silence - the negative imprint. Therefore, they constitute a trilogy". - By die amptelike webwerf van die Academy of Motion Pictures Arts and Sciences. Oorspronklike Engelse aanhaling: "creative producers whose bodies of work reflect a consistently high quality of motion picture production". BronnelysWysig - Bergman on Bergman: Interviews with Ingmar Bergman. deur Stig Björkman, Torsten Manns en Jonas Sima; Vertaal deur Paul Britten Austin. Simon & Schuster, New York. Sweedse uitgawe 1970; Engelse vertaling 1973. - Filmmakers on filmmaking: the American Film Institute seminars on motion pictures and television (redigering deur Joseph McBride). Boston, Houghton Mifflin Co., 1983. - Images: my life in film, Ingmar Bergman, vertaal deur Marianne Ruuth. New York, Arcade Pub., 1994, ISBN 1-55970-186-2 - The Magic Lantern, Ingmar Bergman, vertaal deur Joan Tate. New York, Viking Press, 1988, ISBN 0-670-81911-5
<urn:uuid:3d62350b-2211-4193-aff2-d26e9d3d511e>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Ingmar_Bergman
2019-07-18T23:22:53Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525863.49/warc/CC-MAIN-20190718231656-20190719013656-00034.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999931
false
Batoe Khan Batoe | | ---|---| Khan, tsaar | | Batoe Khan op die troon van die Goue Horde. | | Dinastie | Borjigin, Goue Horde | Bewind | 1227–1255 | Kroning | 1224/1225 of 1227 | Gebore | 1207 | Mongolië | | Gesterf | 1255 (op 47–48 jaar) | Sarai Batoe | | Voorganger | Jotsji | Opvolger | Sartaq | Gade | Boraktsjin Khatoen | Vader | Jotsji | Batoe Khan (Mongools: Бат хаан, Russies: хан Баты́й, Chinees: 拔都, Tataars: Бату хан; omstreeks 1207–1255), ook bekend as Sain Khan (Mongools: Сайн хаан, Goeie Khan) en tsaar Batoe,[1] was ’n Mongoolse heerser en die stigter van die Oeloes van Jotsji (of Goue Horde), die sub-khanaat van die Mongoolse Ryk. Batoe was die seun van Jotsji en kleinseun van Djengis Khan. Sy oeloes was die hoofstaat van die Goue Horde, wat sowat 250 jaar lank oor die huidige Rusland, Oekraïne, Moldowa, Kasakstan en die Kaukasus geheers het nadat hy ook die leërs van Pole en Hongarye verslaan het. Ná die dood van Djengis Khan se seuns het Batoe die mees gerespekteerde prins geword, wat agha ("ouer broer") genoem is in die Mongoolse Ryk. Inhoud Vroeë jare[wysig | wysig bron] Ná die dood van sy seun Jotsji het Djengis Khan Jotsji se erfenis aan sy seuns gegee. Die Groot Khan het Batoe egter die khan van die Oeloes van Jotsji gemaak. Jotsji se oudste seun, Orda Khan, het ook saamgestem dat Batoe hul pa moet opvolg. Djengis se jongste broer, Temüge, het die kroningsplegtigheid bygewoon as Djengis se amptelike verteenwoordiger.[2] Toe Djengis in 1227 sterf, het hy 4 000 Mongoolse mans aan Jotsji se familie nagelaat. Jotsji se grond is tussen Batoe en sy ouer broer, Orda, verdeel. Orda se Wit Horde het geheers oor rofweg die gebied tussen die Wolga en die Balchasj-meer, terwyl Batoe se Blou Horde oor die grondgebied wes van die Wolga regeer het. In 1229 het Ögedei drie leëreenhede onder Kuchdei en Soendei gestuur om die stamme aan die Laer-Oeralrivier te verower. Batoe het by Ögedei se militêre veldtog aangesluit teen die Jin-dinastie in Noord-China terwyl sy jonger broer in die weste teen die Basjkirs, Koemane, Protobulgare en Alane geveg het. Ondanks groot weerstand van hul vyande het die Mongole groot stede van die Jurge verower en die Basjkirs hul bondgenote gemaak. In die 1230's het Ögedei grond in Shanxi, China, gegee aan Batoe en die familie van Jotsji. Verowering van Kiëf-Roes[wysig | wysig bron] Ná die oorlog teen die Jin-dinastie het Batoe se oom die Groot Khan Ögedei hom gelas om westerse gebiede te verower. In 1235 het Batoe, wat vroeër in bevel was van die verowering van die Krim-skiereiland, ’n leër van moontlik 130 000 man gekry vir die inval in Europa. Sy neefs Güyük, Büri, Möngke, Khulgen, Khadan en Baidar en die Mongoolse generaals Soeboetai, Boroldai en Menggoeser is deur Ögedei gelas om hom te help. Die leër, wat eintlik deur Soeboetai aangevoer is, het die Wolga in 1326 oorgesteek en Wolga-Bulgarye ingeval. Dit het hulle ’n jaar geneem om die weerstand van die Wolga-Bulgare, Kiptsjake en Alane af te breek. In November 1237 het Batoe Khan afgevaardigdes na die hof van Joeri II van Wladimir gestuur en geëis dat die prins trou aan hom sweer. Toe Joeri weier, het die Mongole Rjazan beset. Ná ’n bloedige geveg van ses dae is die stad geheel en al verwoes, en dit is nooit weer tot sy destydse glorie herstel nie. Joeri het sy seuns gestuur om die horde te keer, maar hulle is verslaan. Nadat die horde Kolomna en Moskou afgebrand het, het hulle Wladimir op 4 Februarie 1238 beleër. Drie dae later het hulle die hoofstad van Wladimir-Soezdal verower en tot die grond afgebrand. Die grootprins se gesin het in die brand omgekom, terwyl hy noordwaarts gevlug het. Nadat hy die Wolga oorgesteek het, het hy ’n nuwe leër op die been gebring wat op 4 Maart heeltemal deur die Mongole uitgewis is. Batoe Khan het hierna sy leër in kleiner eenhede verdeel wat 14 stede van Kiëf-Roes geplunder het: Rostof, Oeglitsj, Jaroslawl, Kostroma, Kasjin, Ksnjatin, Gorodets, Halitsj, Pereslawl-Zalesski, Joeriëf-Polski, Dmitrof, Wolokolamsk, Twer en Torzjok. Die moeilikste stad om te verower was Kozelsk, waarvan die seun-prins Titus en die inwoners die Mongole sewe weke lank afgeweer het. Die enigste groot stede wat nie verwoes is nie, is Smolensk, wat oorgegee het en onderneem het om belasting te betaal, asook Nowgorod en Pskof, wat die Mongole nie kon bereik nie weens die afstand en groot vleilande. In die somer van 1238 het Batoe die Krim verwoes. In die winter van 1239 het hy Tsjernigof en Perejaslaf verower. Ná ’n beleg van ’n paar dae in Desember 1240 het die Mongole Kiëf bestorm en dit ook verwoes. Inval van Sentraal-Europa[wysig | wysig bron] Die Koemaanse vlugteling het skuilplek gesoek in die Koninkryk van Hongarye. Batoe het minstens vyf boodskappers na koning Béla IV gestuur om hom te vra om die Koemane uit te lewer, maar hulle is almal vermoor.[3] Batoe Khan besluit toe "om die finale see te bereik" waar hulle nie verder kon gaan nie. Sommige historici meen Batoe wou hoofsaaklik sy toekomstige veiligheid verseker teen die Europeërs, met die moontlikheid van nog latere invalle. Die meeste glo hy wou die hele Europa binneval sodra sy magte gereed was. Nadat die Mongole die prinsdomme van Kiëf-Roes vernietig het, het Batoe spioene na Pole, Hongarye en so ver as Oostenryk gestuur as voorbereiding vir ’n inval in Sentraal-Europa. Hulle het toe ’n aanval beplan. Batoe was die leier, maar Soeboetai was die eintlike bevelvoerder in die veld. Die Mongole het Sentraal-Europa in drie groepe aangeval. Een groep het Pole ingeval, ’n tweede groep die Karpate en ’n derde groep het die Donau gevolg. Hongarye is in die winter van 1241 ingeval en Oostenryk en Dalmasië daarna. In Morawië het hulle vir die eerste keer teenstand gekry en hulle het teruggtrek na Hongarye. Daarna het Batoe se leër koning Béla IV en sy bondgenote ’n groot neerslag toegedien by die Slag van Mohi op 11 April. Khadan, Baidar en Orda is na Hongarye en het Morawië op pad soontoe verwoes. Batoe het Khadan gestuur om koning Béla agterna te sit, maar dié het na Kroasië gevlug. Die Mongole het nou ondersoek ingestel na die magte van die Heilige Romeinse Ryk en Babenberg-Oostenryk.[4] Tydens sy veldtog in Sentraal-Europa het Batoe geëis dat keiser Frederick II abdikeer en gedreig om sy troon oor te neem. Die keiser en pous Gregorius IX het gevra dat ’n kruistog teen die Mongoolse Ryk opruk, maar Europa was in dié tyd lamgelê deur interne struwelinge. In Desember 1241 het Batoe en Soeboetai hul planne gefinaliseer om Oostenryk, Italië en Duitsland binne te val toe hulle die nuus kry dat Ögedei Khan gesterf het. Batoe moes noodgedwonge terugkeer na Mongolië vir die raad van prinse waar ’n nuwe Groot Khan verkies sou word. In die lente van 1242 het die Mongole teruggetrek. Batoe was ’n potensiële kandidaat vir Groot Khan, maar hy is nie verkies nie. Onderkoning en botsing met Güyük[wysig | wysig bron] Nadat Batoe aan Hongarye onttrek het, het hy kamp opgeslaan aan die oewers van die Wolga. Toe hy genooi word om die volgende keiser van die Mongoolse Ryk te help kies, het Batoe verklaar hy sou nie binnekort enige prinslike rade kon bywoon nie, en so het hy die verkiesing met ’n paar jaar vertraag. Eindelik is Güyük in 1246 tot Groot Khan verkies, terwyl Batoe se broers die Jotsji-lyn verteenwoordig het. Batoe het die onderkoning van die hele westelike deel van die ryk geword; hy het roetinesake tussen die Russiese prinse hanteer, die goewerneurs van Iran aangestel en afgevaardigdes van die Kaukasus ontvang. In Batoe se afwesigheid het die Mongole wat agtergebly het Mstislaf, die prins van Rilsk in Kiëf-Roes, vermoor. Toe Batoe terugkeer, het hy grootprins Jaroslaf II van Wladimir ontbied en hom aangestel as opperheerser oor die ander Russiese prinse. Hy het hom na Mongolië gestuur om te help met die kroning van Güyük Khan in 1246, maar Jaroslaf is daar vergiftig. Nadat die Mongole die Sultanaat van Rûm in Anatolië verower het, het Baijoe, die Mongoolse bevelvoerder in Persië, Dawid VII Oeloe uit die gevangenskap gered van sy tante, koningin Roesoedan van die Koninkryk van Georgië, en hom na Batoe en Güyük gestuur. Omdat Roesoedan bang was vir Baijoe se aggressiewe beleid, het sy haar seun Dawid VI Narin na Batoe se hof gestuur om amptelike erkenning te kry as haar opvolger. Batoe het Dawid VI ondersteun en hom die reg as opvolger gegee. Güyük het Dawid Oeloe egter die senior koning van Georgië gemaak en gelas dat Dawid Narin ondergeskik aan hom moes wees. Die wantroue tussen Batoe en Güyük het toegeneem, en Güyük het die amptenare in Iran en die Kaukasus met sy eie manne vervang. Güyük het Aleksander Nefski en Andrei II van Kiëf-Roes intussen goed ontvang. Andrei is die troon van Wladimir-Soezdal gegee en Aleksander Suid-Rusland. Toe Güyük weswaarts trek, is Batoe gewaarsku dat hy eintlik die Groot Khan se teiken is. Toe Güyük hom ontbied, het Batoe tyd probeer wen. Voordat hy Güyük kon ontmoet, is die Groot Khan skielik dood. Möngke en Batoe[wysig | wysig bron] ’n Geleentheid het ontstaan om die heerskappy van die Huis van Ögedei te beëindig en Batoe was vas van plan om dit reg te kry. Hy het egter Güyük se hoofvrou, Oghul Qaimish, toegelaat om ná sy dood as regent te heers. Toe Batoe siek was, het sy neef Möngke op sy ma se aanbeveling na die Oeloes van Jotsji gereis om hom te besoek. In 1250 het Batoe eindelik ’n prinslike raad in sy eie gebied byeengeroep. Baie koninklikes het geweier om ’n byeenkoms buite Mongolië self by te woon. Die raad wou hom kies as Groot Khan, maar Batoe het nie belanggestel nie. Hy het Möngke benoem wat ’n Mongoolse leër in Kiëf-Roes, Hongarye en die Kaukasus gelei het. Weens die beperkte bywoning van die raad is die wettigheid daarvan betwis. Batoe het Möngke toe onder beskerming van sy broers Berke en Toechtemoer en sy seun Sartaq gestuur om ’n prinslike raad in die hartland van Mongolië by te woon. Möngke se ondersteuners het Oghul Qaimish en ander koninklikes genooi om die vergadering by te woon, maar hulle het geweier omdat hulle van mening was dat die volgende Groot Khan uit die afstammelinge van Ögedei gekies moes word. Eindelik is Möngke in 1251 aangewys as Groot Khan van Mongolië en hy het die ander koninklikes gestraf vir hul teenkanting. Intussen het grootprins Andrei II met ander prinse van die westelike Kiëf-Roes saamgesweer en die Mongole so aanstoot gegee. Batoe het ’n strafekspedisie gestuur, waarna Andrei na Pskof en van daar na Swede gevlug het. Die inwoners van Wladimir is kwaai gestraf. Danksy Aleksander Nefski se vriendskap met Batoe se seun Sartaq het Batoe hom in 1252 aangestel as grootprins van Wladimir, en dus Russiese opperheerser. Tydens Möngke se heerskappy het Batoe se aansien as koningmaker en onderkoning van die weste van die ryk ’n hoogtepunt bereik. Batoe, Möngke en ander Mongoolse prinse het geheers oor die gebied van Afganistan tot Turkye. Voordat hy in 1256 dood is, het Batoe staatsake gelaat in die hande van sy seun Sartaq, wat hom opgevolg het. Stamboom[wysig | wysig bron] Jesoegei Baghatoer | |||||||||||||||| Djengis Khan | |||||||||||||||| Hoeloen | |||||||||||||||| Jotsji Khan | |||||||||||||||| Börte Oejin | |||||||||||||||| Batoe Khan | |||||||||||||||| Oechaa Oejin | |||||||||||||||| Verwysings[wysig | wysig bron] - Jack Weatherford Genghis Khan, bl. 150 - H. H. Howorth The history of the Mongols, bl. II, d.II, bl. 37 - Michael Prawdin, Gerard (INT) Chaliand The Mongol empire, bl. 262 - H. H. Howorth The history of the Mongols, bl. II, d.II, bl. 48-50 Verdere leesstof[wysig | wysig bron] - Morgan, David. The Mongols. ISBN 0-631-17563-6. - Nicolle, David (1998). The Mongol Warlords. Brockhampton Press. - Ronay, Gabriel (1978). The Tartar Khan's Englishman. Cassell. - Saunders, J.J. (1971). The History of the Mongol Conquests. Routledge & Kegan Paul. ISBN 0-8122-1766-7. - Sicker, Martin (2000). The Islamic World in Ascendancy: From the Arab Conquests to the Siege of Vienna. Praeger Publishers. - Soucek, Svatopluk (2000). A History of Inner Asia. Cambridge.
<urn:uuid:fd59857c-09ff-4d64-8506-33d90e3896df>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Batoe_Khan
2019-07-20T05:22:53Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526446.61/warc/CC-MAIN-20190720045157-20190720071157-00194.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999972
false
Lesotho-Hoogland-waterprojek Die Lesotho-Hoogland-waterprojek (Engels: Lesotho Highlands Water Project, Sesotho: metsi a lihlaba) is 'n projek wat water vanaf die berge in Lesotho via 'n reeks damme en tonnels na die Vaalrivierstelsel verplaas. Van die damme wat reeds voltooi is: Fase (1A)[wysig | wysig bron] Fase 1A is die voltooiing van die Katsedam in die Malutiberge, 'n 82 km lang oordrag- en afleweringstonnel. Die water word in die Asrivier afgelewer teen 'n tempo van 17m3/s. Dié fase is in 1998 in diens gestel. Die tonnel mond uit in die Asrivier net buite Clarens op die Bethlehempad. Fase (1B)[wysig | wysig bron] Fase 1B is die voltooiing van die Mohaledam, 'n 32 km lang oordragtonnel tussen die Mohale- en Katsedamme. Fase II[wysig | wysig bron] Fase II behoort teen 2020 water aan Suid-Afrika te lewer. Dit sluit die voltooiing van die Polihalidam in, in Lesotho.[1] Algemeen[wysig | wysig bron] Elke dekade word die pypleidings hersien, en dan word die watertoevoer vir twee maande lank afgesluit. 'n Hoër voorraad water word dan in die Vaaldam opgegaar om aan die Gauteng-gebied te voorsien.[2] Volgens Lesotho se Hooglandontwikkelingsowerheid is daar in die 21 jaar vanaf Januarie 1998 tot April 2019 sowat 15 miljard kubieke meter water aan Suid-Afrika gelewer.[3] Verwysings[wysig | wysig bron] - Tempelhoff, Elise (21 Julie 2012). "Vaalrivier: Boere gewaarsku". Beeld. Besoek op 24 Augustus 2015. - Joubert, Jan-Jan (23 September 2012). "Gauteng kry 2 mnde. g'n water van hiér". Beeld. Besoek op 24 Augustus 2015. - amaBhungane (10 Junie 2019). "Lesotho's top politicians feed on rural water project". Daily Maverick. Besoek op 2019-06-10. - Gericke, Marietjie (12 Julie 2014). "Kommer oor duur water: Lesotho-Hooglandskema lewer reeds van Donderdag aan klein Caledonrivier". Netwerk24. Besoek op 24 Augustus 2015. - Gericke, Marietjie (21 Augustus 2015). "Vrystaat kry weer water van Lesotho". Netwerk24. Besoek op 24 Augustus 2015.
<urn:uuid:81757346-09bf-482a-a134-3eba22e07013>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Lesotho-Hoogland-waterprojek
2019-07-21T10:57:04Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00354.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999241
false
'N Kersfeesverhaal: Die aankoms van 'n Sweet Baby Boy - of 'n politieke mag om die wêreld te verander Wes Berg / Die Gesprek, CC BY-ND Liewe klein Jesus, met jou goue fleece-luiers, met jou klein, klein, opgeharde vuiste ... Liewe 8-pond 6 ons pasgebore baba Jesus, ken nog nie 'n woord nie, net 'n bietjie soetjie ... So gaan die nuuskierige genade wat gebid word deur die aspirant-wedrenne-legende Ricky Bobby in die film Talladega Nights. Wanneer sy familie onderbreek om hom te herinner dat Jesus grootgeword het, sê Ricky Bobby: Kyk, ek hou van die baba-weergawe die beste. Ek hou van Kersfees Jesus die beste. My lowbrow film smaak eenkant, hierdie komiese toneel maak 'n kragtige punt. Kersfees Jesus is makliker. Kersfees Jesus is veilig. Na alles, hoe uitdagend kan die storie van 'n pasgebore baba regtig wees? Wel, dit hang af van watter storie jy lees. Hierdie jaar sal miljoene Christene regoor die wêreld die opening van Lukas se evangelie in hulle Kersfeesdienste lees. Lukas hoofstuk 2 bevat die redelik bekende klassieke weergawe van Jesus se geboorte: Mary draai haar baba seuntjie in swaddling clothes en lê hom in 'n krip omdat daar "geen plek vir hulle in die gaste kamer was nie". Slegs twee van die vier evangelies in die Nuwe Testament sluit in die verhaal van Jesus se geboorte. En dit is Luke se weergawe van gebeure wat waarskynlik die meeste invloed op Westerse kuns en musiek het as dit kom by die uitbeelding van Jesus se geboorte. Sonder Luke, sou ons nie die verhaal van die engelse aankondiging aan die ongewende Maria ken dat sy 'n seun sou hê nie. Sonder Lukas sou ons nie die verhaal van herders hê wat die krip of die hemelse leër van engele gaan sing nie. Engele, herders en 'n familie wat rond 'n baba rondgejaag word, lyk sjarmant en maak uitstekende voer vir nativiteitspele en Kersliedere. Die probleem is dat in die antieke wêreld die geboorte van Jesus nie 'n veilige verhaal of 'n huishoudelike een was nie. Dit was hoogs politieke, 'n produk van 'n tyd toe godsdiens en politiek onafskeidbaar was. "In daardie dae het 'n bevel uitgegaan van Keiser Augustus ...", begin Lukas, en herinner die leser dat Jesus se geboorte plaasvind onder die Romeinse keiserregering in die besette gebied van Judea. Maria, Josef en hulle eersgeborenes word van die huis ontheem presies as gevolg van 'n imperiale edik wat hulle vereis om vir 'n sensus te reis. Aangesien Jode onder Romeinse heerskappy leef, is hulle deel van 'n minderheidsdienstige groep - gewone mense, onder die indruk van 'n magtige outoritêre staat, met minder regte as 'n Romeinse burger. Waarom kan Luke die politieke omgewing beklemtoon? Wat is sy agenda? Van belang hier is die Priene kalender opskrif die viering van die geboortedag van keiser Augustus. Ja, dit is dieselfde Augustus Lukas noem net voor Jesus se geboorte. Hierdie inskripsie, wat in 'n antieke mark in Klein-Asië gevind word, dateer rondom 9 BCE en laas Augustus as 'n "redder", "weldoener", "god" en 'n spreker van "goeie nuus". Aangesien Voorsienigheid ... in die volmaakte orde gestel het deur aan ons Augustus te gee, wat sy met deugde gevul het om die mens te bevoordeel, vir hom sowel as vir ons en ons nageslag te stuur, sodat hy die oorlog kon beëindig en alle dinge kon reël en Aangesien hy, Caesar, by sy verskyning selfs ons verwagtinge uitgespreek het, al die vorige weldoeners oortref het, en selfs nie na die nageslag verlaat het om te oortref wat hy gedoen het nie, en sedert die geboortedag van die god Augustus was die begin van die goeie nuus vir die wereld… Skriftelike dekades later, Lukas se Evangelie eggo baie van hierdie imperiale taal. In die hoofstukke word Jesus genoem "redder" en "magtige redder". Die herders vertel dat Jesus se geboorte "goeie nuus van groot vreugde vir die hele volk is", soos Augustus se geboorte was goeie nuus "vir die wêreld". Die Griekse term vir "goeie nuus", euangelion, is juis die woord wat in die Nuwe Testament gebruik word om Jesus se geboorte aan te kondig. Dit word dikwels as "evangelie" vertaal, vandaar die titel van hierdie Bybelse boeke. Ten slotte, soos Augustus, word Jesus verkondig as God (of meer presies, seun van God) en word gesê om vrede in die wêreld te bring. Volgens Luke sal hierdie baba seuntjie die sosiale orde ontstel en politieke omwenteling skep. Poëtiese gebruike van taal - van lig wat op 'n volk in duisternis ontduik en die rykes weggedraai word terwyl die armes opgehef word - is verdere maniere waarop Luke hierdie nuwe era uitbeeld wat deur Jesus se geboorte ingeskryf is. Hedendaagse Christene word verdeel tussen diegene wat hul geloof as onafskeidbaar van hul politiek sien en diegene wat verkies om die twee diskrete te hou. Om die politiek uit die preekstoel te hou, is die voorkeur van laasgenoemde groep. Tog bied Lukas se Evangelie nie daardie opsie nie. Godsdiens is politiek en altyd. Wat een glo, wie aanbid en selfs die stories wat jy vertel, vorm politieke sienings en waardes. Of een van Luke se weergawe van gebeure glo, of nie, is 'n saak van geloof. Dit bly egter dat Lukas se Evangelie as literêre werk van die eerste eeu die geboorte van Jesus deeglik gemaak het as niks anders as die aankoms van 'n nuwe politieke mag wie se heerskappy die heersende wêreldorde sal uitdaag, rykdom, onderdrukking en vrede sal herverdeel nie . Dit is dus sinvol dat hierdie Jesus aan die einde van die evangelie deur die Romeinse staat gedood sal word. "Tiny baby Jesus" is nie so veilig en snoesig soos wat hy mag voorkom nie. Oor Die Skrywer Robyn J. Whitaker, Senior Lektor in die Nuwe Testament, Pelgrim Teologiese Kollege, Universiteit van Goddelikheid verwante Boeke {amazonWS: search index = Boeke; sleutelwoorde = baby jesus; maxresults = 3}
<urn:uuid:9c5acacd-df14-4a61-9dc3-a5014c0c504e>
CC-MAIN-2019-30
https://af.innerself.com/content/personal/spirituality-mindfulness/religions-a-beliefs/18593-a-christmas-story-the-arrival-of-a-sweet-baby-boy-or-a-political-power-to-change-the-world.html?acm=_2819
2019-07-24T00:02:35Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530246.91/warc/CC-MAIN-20190723235815-20190724021815-00114.warc.gz
by-nd
4.0
a_tag
false
false
{ "abbr": [ "by-nd" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ false ], "location": [ "a_tag" ], "version": [ "4.0" ] }
false
false
Latn
afr
1.000007
false
Bespreking:Magellanruimtetuig Jump to navigation Jump to search Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Magellanruimtetuig-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. | Artikelriglyne Daaglikse bladtrekke | |
<urn:uuid:bbda5b7f-855d-47b8-8b3f-14ae22a2522e>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Magellanruimtetuig
2019-07-24T00:59:00Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530246.91/warc/CC-MAIN-20190723235815-20190724021815-00114.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999969
false
Maak hoofkeuseskerm oop Soek Wysigings ← Ouer wysiging Nuwer wysiging → Sri Jayawardenepura (wysig) Wysiging soos op 13:58, 5 Junie 2011 33 grepe bygevoeg , 8 jaar gelede k r2.7.1) (robot Bygevoeg: da:Sri Jayawardenapura-Kotte [[cs:Šrí Džajavardanapura Kotte]] [[cy:Sri Jayawardenapura Kotte]] [[da:Sri Jayawardenapura-Kotte]] [[de:Sri Jayawardenepura Kotte]] [[el:Κότε]] WikitanvirBot Robotte 15 434 wysigings Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/787485 "
<urn:uuid:504511f1-487c-4cea-a23c-af771096763c>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/787485
2019-07-17T16:26:48Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525355.54/warc/CC-MAIN-20190717161703-20190717183703-00458.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.871993
false
Kategorie:Beelde Jump to navigation Jump to search Subkategorieë Hierdie kategorie bevat die volgende 11 subkategorië, uit 'n totaal van 11. B - - - - G - H - K - Hierdie kategorie bevat die volgende 11 subkategorië, uit 'n totaal van 11.
<urn:uuid:be279dd3-c960-400b-8d18-0f9d34e8494d>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Beelde
2019-07-17T17:02:15Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525355.54/warc/CC-MAIN-20190717161703-20190717183703-00458.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.992935
false
Thailand Thailand (Thai: ประเทศไทย, Prathet Thai, [pra.tʰêːt tʰaj], ), amptelik die Koninkryk Thailand (ราชอาณาจักรไทย, Ratcha-anachak Thai, [râːt.t͡ɕʰa.ʔaː.naː.t͡ɕàk tʰaj], ), is 'n land in Suidoos-Asië met 'n oppervlakte van 513 120 km² en 'n bevolking van sowat 69 miljoen. Thailand word ook Siam (สยาม, Sayam, [sa.jǎːm]) genoem, wat die land se amptelike naam was tot 23 Junie 1939. Die woord "Thai" beteken "vry" in die Thaise taal. Die hoofstad en grootste stad van Thailand is Bangkok. Nasionale leuse: ชาติ ศาสนา พระมหากษัตริย์ (tr.: Chat, Satsana, Phra Maha Kasat) (Thai vir: "Nasie, godsdiens, koning") | ||||| Volkslied: เพลงชาติไทย (tr.: Phleng Chat Thai) Koninklike volkslied: สรรเสริญพระบารมี (tr.: Sansoen Phra Barami) | ||||| Hoofstad | Bangkok Grootste stad | Bangkok | |||| Amptelike tale | Thai[1] | |||| Regering | Unitêre parlementêre grondwetlike monargie onder militêre diktatuur Maha Vajiralongkorn Prayut Chan-o-cha | |||| Onafhanklikheid Vorming • Koninkryk Sukhothai • Koninkryk Ayutthaya • Koninkryk Thonburi • Koninkryk Rattanakosin • Grondwetlike monargie • Huidige grondwet | 1238–1448 1351–1767 1768–1782 6 April 1782 24 Junie 1932 22 Julie 2014[2] | |||| Oppervlakte - Totaal - Water (%) | 513 120 km2 (50ste) 198 120 myl2 0,4 | |||| Bevolking - 2016-skatting - 2010-sensus - Digtheid | 68 863 514[3] (20ste) 64 785 909[4] 132,1 / km2 (88ste) 342,1 / myl2 | |||| BBP (KKP) - Totaal - Per capita | 2019-skatting | |||| BBP (nominaal) - Totaal - Per capita | 2019-skatting | |||| MOI (2017) | 0,755[6] (83ste) – hoog | |||| Gini (2015) | 36[7] – medium | |||| Geldeenheid | Baht (฿) (THB ) Tydsone - Somertyd | ICT (UTC+7) nie toegepas nie (UTC+7) | |||| Internet-TLD | .th | |||| Skakelkode | +66 | 'n Burger van Thailand word gewoonlik geïdentifiseer as 'n "Thai" of "Siamees" (verouderd), wat streng gesproke slegs na etniese Thais verwys. Meeste Thais is Theravada-Boeddhiste van Thai-afkoms, maar die land het ook 'n beduidende aantal minderhede, veral Han-Chinese, maar ook Moslemse Maleiers in die suide. Thailand is in die sentrum van die Indo-Chinese Skiereiland geleë. Dit grens in die ooste aan Laos en Kambodja, in die suide aan die Golf van Thailand en Maleisië en in die weste aan die Andamanse See (deel van die Indiese Oseaan se Golf van Bengale) en Mianmar (vroeër Birma). Wes van Thailand is die Andaman- en Nicobar-eilande geleë wat tot Indië behoort en in die suidweste is die Indonesiese eiland Soematra geleë. Daarbenewens deel Thailand 'n maritieme grens met Viëtnam in die Golf van Thailand. Inhoud EtimologieWysig Die land se amptelike naam was "Siam" tot en met 23 Junie 1939,[8][9] maar dit het weer as "Siam" bekend gestaan tussen 1945 en 11 Mei 1949, voor dit weer deur 'n amptelike bekendmaking verander is na Thailand (Thai: Prathet Thai). Reeds voor die amptelike naamsverandering het Thais na hulle land verwys as Muang Thai. Die woord "Thai" (ไทย) is afgelei van die woord "Tai" (ไท), wat in Thai "vryheid" beteken.[10] Thai is ook die naam van die grootste etniese groep in Thailand. GeskiedenisWysig Verskeie inheemse kulture het reeds sedert die tyd van die Ban Chiang-kultuur (ongeveer 2000 v.C.), in Thailand bestaan. As gevolg van die land se geografiese ligging is die kultuur van Thailand nog altyd sterk deur Indië, China en ander buurkulture van Suidoos-Asië beïnvloed. Boeddhisme het vir die eerste keer in die 5de eeu in die Chaopraya-bekken aangekom in die vorm van Indiese gode; waarskynlik sonder goed gedefinieerde sektes en tradisies. In die 12de eeu het monnike uit Sri Lanka egter die Theravada-vorm van Boeddhisme na Thailand gebring waar dit vinnig floreer het.[11] Die eerste Siamese/Thai-staat word tradisioneel as die Boeddhistiese Koninkryk Sukhothai beskou. Dié koninkryk was 'n vroeë koninkryk in die omgewing van die stad Sukhotai in Noordsentraal-Thailand, wat van 1238 tot 1438 bestaan het. Die koninkryk se mag is later oorskadu deur die groter Siamese Koninkryk Ayutthaya wat in die middel van die 14de eeu gestig is. Dié koninkryk was geleë om die huidige stad Ayutthaya in die gelyknamige provinsie in Sentraal-Thailand. Na die Siamese magte Angkor in 1431 geplunder het, is baie van die Khmer-ryk en sy Hindoe-gewoontes terug na Ayutthaya geneem en baie van die gewoontes en rituele in die kultuur van Siam aangeneem. Na Ayuthaya in 1767 deur die Birmese verower is, was Thonburi vir 'n kort periode die hoofstad van Thailand, onder leiding van Koning Taksin die Grote. Die huidige era van Thailand se geskiedenis het in 1782 begin, na die instelling van Bangkok as die hoofstad van die Chakri-dinastie, onder leiding van Koning Rama die Grote. Europese moondhede het in die 16de eeu na Thailand begin reis. Ondanks die druk wat deur Europa uitgeoefen is, is Thailand die enigste Suidoos-Asiatiese land wat nooit deur 'n Europese mag gekoloniseer is nie. Die twee hoofredes hiervoor is dat Thailand 'n lang reeks suksesvolle leiers in die 1800's gehad het en dat dit die vyandigheid en spanning tussen die Franse en Britte uitgebuit het. As gevolg hiervan het die land 'n bufferstaat tussen dele van Suidoos-Asië wat deur die twee kompeterende Europese koloniale magte gekoloniseer is geword. Die invloed van 'n nabygeleë Britse kolonie het egter gelei tot baie hervormings in die 19de eeu en groot toegewings aan Britse handelsbelangstellings. 'n Voorbeeld hiervan was die verlies van die drie suidelike provinsies, wat later Maleisië se drie noordelike deelstate sou word. Vervolgens is die onafhanklike Thailand in die weste deur Brits-Indië, in die ooste deur Frans-Indo-China en in die suide deur Brits-Malaya begrens. 'n Nie-geweldadige rewolusie in 1932 het gelei tot 'n nuwe grondwetlike monargie. Tydens die Tweede Wêreldoorlog was Thailand geallieerd met Japan, maar het na die oorlog 'n bondgenoot van die Verenigde State van Amerika geword en onder meer aan die Korea-oorlog en die Viëtnamoorlog deelgeneem. Na 'n reeks staatsgrepe het Thailand in die 1980's begin nader beweeg aan 'n demokrasie. Op 13 Oktober 2016 is Thailand se monarg, Bhumibol Adulyadej op die ouderdom van 88 oorlede. Hy was ook bekend as Rama IX en die wêreld se langsdienende staatshoof. In 1997 is Thailand getref deur die Asiatiese finansiële krisis en die geldeenheid van Thailand, die baht, het vir 'n kort periode daaronder gely: voor 1997 was VS$1 gelykstaande aan 25 baht, maar tydens die krises was $1 gelykstaande 56 baht. Sedertdien het die baht egter sterker geword en, in Mei 2007, was $1 gelyk aan 33 baht. Die amptelike kalender wat in Thailand gebruik word is gebaseer op die Oostelike weergawe van die Boeddhistiese kalender wat die Gregoriaanse kalender met 543 jaar voorloop. Die jaar 2019 n.C. staan byvoorbeeld in Thailand bekend as 2562 BE. Die onlangse jare is veral gekenmerk deur grenskonflikte met die buurland Kambodja rondom die Prasat Preah Vihear wat in 2008 deur Unesco as wêrelderfenis gelys is.[12] In Suid-Thailand pleit etniese Maleiers al sedert jare vir 'n vereniging met Maleisië. GeografieWysig Thailand het verskeie gebiede wat geografies van mekaar verskil; hierdie gebiede kom ook min of meer ooreen met die onderskeie provinsies van die land. Die noorde van die land is bergagtig, met die piek van die berg, Doi Inthanon, as die hoogste punt met 'n hoogte van 2576 m. Die noordooste bestaan uit die Khorat-plato en strek oor 'n area van 155 000 km². Die plato word in die ooste deur die Mekongrivier begrens. In die weste vorm die Salweenrivier vir 'n kort stukkie die grens tot Mianmar. Die middel van die land word oorheers deur die hoofsaaklik plat Chao Phraya-riviervallei, wat inloop by die Golf van Thailand. Die suide bestaan uit die dun landengte wat breër word nader aan die Maleise Skiereiland. Die plaaslike klimaat is tropies en word gekenmerk deur moesons: reënerige seisoene wat etlike maande aanhou. Vanaf die middel van Mei tot September is daar 'n reënerige, wolkerige dog warm suidwestelike moeson en 'n droër, koel noordoostelike moeson van November tot die middel van Maart. Die suidelike landengte is altyd warm en bedompig. DemografieWysig Thailand se bevolking word oorheers deur verskeie Tai-sprekende mense. Die talrykste is die Sentrale Thai, die Noordoostelike Thai (ook genoem "Isan" of "Lao": twee verskillende, dog nou-verwante dialekte) en die Suidelike Thai. Die Sentrale Thai is al lank die heersende taal rakende politiek, ekonomie en kultuur, alhoewel die taal se moedertaalsprekers slegs 'n derde van die land se bevolking uitmaak (die moedertaalsprekers van Noordoostelike Thai vorm die meerderheid). Baie mense is egter tans daartoe in staat om Sentrale Thai, asook hulle eie dialekte te kan praat, danksy die onderrigstelsel en die beweging na 'n nasionale identiteit. Die grootste groep nie-Thai mense is die Han-Chinese wat 'n belangrike geskiedkundige rol in die ekonomie van die land gespeel het. Die meeste Chinese het hulself geheel en al by die Thai gemeenskap geïntegreer en dit is slegs die minderheid wat steeds in die Chinese buurt Yaowarat Road in Bangkok bly. Ander etniese groepe sluit in die Maleiers in die suide en die Mon, die Khmer en verskeie bergvolke (waaronder die Padaungstam, wat bestaan uit mense van die Kayan, 'n klein etniese groep waarvan sommige lede in die 1990's uit Mianmar na Thailand gevlug het). Na die einde van die Viëtnamoorlog het baie Viëtnamese vlugtelinge hulle in Thailand gevestig, hoofsaaklik in die noordoostelike streke. Van die ander etniese minderhede sluit onder meer Bamar en Hakka in. Volgens die 2000-sensus is 95% van Thailand se bevolking Theravada-Boeddhiste. Die Moslems is die tweede grootste groep met 4,6%. Moslems woon dikwels in verskillende gemeenskappe as die ander gelowe. Die bevolking in die suidelik punt van Thailand bestaan hoofsaaklik uit etniese Maleiers, wat meestal in die suide gekonsentreer is en 'n sterk meerderheid in vier provinsies vorm. Christene, hoofsaaklik Rooms-Katolieke, verteenwoordig 0,75% van die land se bevolking. Daar is ook 'n klein gemeenskappe van Sikhs en Hindoes in die land se stede. Die nasionale taal van Thailand is Thai, maar daar bestaan ook baie etniese en streeksdialekte, asook ander areas waar mense hoofsaaklik Isan of van die Mon-Khmer tale praat. Thai besit ook sy eie alfabet, wat drasties verskil van die Latynse alfabet wat onder andere deur Westerse tale gebruik word. Engels word tans in skole geleer, alhoewel die aantal sprekers wat dit kan spreek nog in die minderheid is. Daarbenewens word in Thailand tale soos Hakka, Khmer, Maleis en Min gebesig. KultuurWysig Theravada-Boeddhisme is die oudste oorlewende Boeddhistiese beweging en maak 'n belangrike deel van moderne Thai-geloof en identiteit uit. In die praktyk het Thai-Boeddhisme deur die jare ontwikkel en sluit vandag baie streeksgelowe in wat oorspronklik van, onder ander, animisme (die geloof dat elke liggaam 'n afsonderlike gees het) en die aanbidding van mens se voorvaders. Islam is die heersende geloof in die mees suidelike dele van Thailand. Thailand bevat ook 'n aantal verskillende etniese groepe. Hierdie groepe hou 'n onderskeidelike tradisionele manier van lewe in stand, ten spyte van die sterk invloed van die Thai-kultuur. Sommige van hierdie groepe word ook in Mianmar, Laos, Kambodja en Maleisië aangetref. Etniese Chinese maak ook 'n aansienlike deel van die Thai-gemeenskap uit, veral in en om Bangkok. Hulle suksesvolle integrasie in die Thai-gemeenskap het beteken dat lede van hierdie groep dit reggekry het om magtige ekonomiese en politiese posisies te beklee, soos die voormalige eerste minister Thaksin Shinawatra wat van Chinese afkoms is. Shinawatra was die staatshoof van 2001 tot 19 September 2006, toe hy omvergegooi is deur 'n militêre staatsgreep. Soos die meeste ander Asiatiese kulture is respek vir 'n mens se voorvaders 'n noodsaaklike deel van die spirituele praktyk in Thailand. Die inwoners is baie gasvrye en vrygewig, maar hulle respekteer ook die sosiale hiërargie. Senioriteit is 'n belangrike konsep in Thai-kultuur. Die ouer familielede het altyd die gesag rakende familiebesluite of seremonies. Die tradisionele manier van groet is die wai: wanneer twee persone mekaar ontmoet, sal die jongste persoon sy oop hande saamsit met die palms na mekaar en die vingers na bo (soos vir gebed). Die persoon sal sy hoof voor-oor buig om die vingerpunte te raak. Die ouer persoon sal dan die gebaar na-aap. Die gebaar gaan ook gewoonlik gepaard met die gesproke groet "Sawasdee Krup" vir manlike sprekers en "Sawasdee Ca" vir vroulike sprekers. Hoe hoër die hande in verband met die gesig gehou word, hoe meer respek betoon 'n persoon. Voor kinders na skool gaan, wai hulle hul ouers as 'n teken van respek en herhaal die gebaar wanneer hulle weer tuis kom. Thai-boks, "Muay Thai", is die nasionale sport van Thailand en die inheemse vegkuns staan bekend as "Muay". In die verlede was Mauy aan koninklike soldate Muay geleer, vir die geval wat hulle hulself ongewapen op die slagveld bevind. Na die soldate van die weermag afgetree het, het hulle dikwels Boeddhistiese monnike geword en by die tempels gaan woon. Die inwoners van Thailand se lewens is nou verbind met Boeddhisme en tempels: seuns word dikwels daarheen gestuur om opleiding as monnike te ontvang. "Muay" is ook een van die vakke wat by die tempels aangebied word.[13] Ongeveer 100–200 jaar gelede het westerse magte gepoog om die meeste Suidoos-Asiatiese lande te verower. In hierdie tyd was Muay as selfverdediging geleer en nie slegs as vegtegniek vir gebruik in die oorlog nie. Muay-kompetisies was baie gewild in Thailand, maar die sport was baie gevaarlik en sommige deelnemers het gesterf tydens kompetisies. Die vrees vir die gevare wat die sport inhou, asook die vrees dat die wêreld nie so 'n gevaarlike sport sal aanvaar nie, het veroorsaak dat die sport ontwikkel het tot "Muay Thai". Die nuwe vorm het wapens en gevaarlike bewegings uitgesluit, wat gelei tot die verhoging van standaarde van die sport. Dit is nou ook algemeen dat deelnemers bokshandskoene dra, soos gebruik deur westerse boksers, in plaas van die tradisionele "Kaad chuek" ("handverband"), om deelnemers van beserings te beskerm. Muay Thai het wêreldwye gewildheid bereik in die 1990's. Alhoewel soortgelyke vegkunste in ander Suidoos-Asiatiese lande bestaan, word Muay Thai gekenmerk as 'n volkontaksport. Sokker is tans 'n mededinger om die titel vir gewildste sport in Thailand en dit is algemeen vir aanhangers van die sport om die nuutste wedstryde van hul gunsteling-westerse spanne op televisie te kyk of soortgelyke sokkeruitrustings te dra. Bangkok Bravo FC staan bekend as die sokkerklub met die langste naam in die wêreld. Die vlieg van vlieërs is ook 'n gewilde tydverdryf en was in die verlede 'n kompeterende sport.[14] Tradisionele taboes sluit in die aanraking van 'n ander persoon se kop of om met die voete na iets te wys: die kop word beskou as die heiligste deel van die liggaam en die voete as die vuilste. Dit word ook as beledigend beskou om bo-oor 'n persoon of kos te trap. Die Thai-kultuur, net soos baie ander Asiatiese kulture, word egter sterk deur die Weste beïnvloed en sommige tradisionele taboes is besig om mettertyd te verdwyn. Boeke en ander dokumente is die mees geëerde wêreldse voorwerpe en dit word daarop neergekyk as 'n persoon 'n boek oor 'n tafelblad laat gly of op die vloer plaas. Die kookkuns van Thailand meng vyf basissmake: soet, pikant, suur, bitter en sout. 'n Paar algemene bestanddele wat in Thaise kookkuns gebruik word, sluit in knoffel, rooirissies, lemmetjiesap, sitroengras en vissous. Die stapelvoedsel in Thailand is rys, veral 'n soort jasmynrys (bekend as "Hom Mali"-rys), wat by amper elke maaltyd ingesluit word. Thailand is die wêreld se grootste uitvoerder van rys en die bevolking van Thailand nuttig jaarliks meer as 100 kg rys per persoon.[15] Die Internasionale Rys Navorsingsinstituut (IRRI) in Filippyne bevat meer as 5000 verskillende soorte rys uit Thailand in hul rysgenebank.[16] Letterkunde en gedrukte mediaWysig Thai-letterkunde word sterk deur die Indiese kultuur beïnvloed. Dié invloed is veral merkbaar in die vroeë letterkunde, waar die meeste verhale met gode en ander weses uit die Boeddhistiese en Hindoeïstiese mitologie gevul is. Een van die veelbetekendste werke in Thai-letterkunde is die epiese "Ramakien". Die werk is gebaseer op die antieke teks "Ramayana" wat aan die einde van die 18de eeu deur Koning Phra Phuttayodfa Chulalok (Rama I) uitgebrei is. Sedertdien het die opvolgende konings baie bygedra tot die kultuur en letterkunde van Thailand. Aan die begin van die 20ste eeu het poësie ongewild geraak, terwyl prosa meer aansien geniet het. In die 1950's het talle bekende outeurs talryke bekende boeke geproduseer. Van die noemenswaardigste skrywers van moderne Thai-letterkunde sluit in Mae Anong, die latere eerste minister, Kukrit Pramoj en Pira Sudham. Die samelewing van Thailand is in die afgelope jare deur die wyd-verkrygbare, meertalige media beïnvloed. Daar is talle Engelse, Thai en Chinese koerante beskikbaar en die meeste gewilde Thai-tydskrifte gebruik Engelse opskrifte in 'n poging om "sjiek" voor te kom. Meeste groot besighede in Bangkok bedryf hul sake in Engels, selfs onder Thaisprekers, as 'n simbool van hul opgevoede, hoë-kring status. Thailand is die land in Suidoos-Asië met die grootste koerantmark, met 'n beraamde daaglikse sirkulasie van ten minste 13 miljoen kopië in 2003. MusiekWysig Alhoewel Thailand nooit deur Westerse magte gekoloniseer is nie, het popmusiek en ander vorms van Europese en Amerikaanse musiek baie invloedryk geword. Die twee gewildste style tradisionele musiek is "luk thung" en "mor lam", terwyl die etniese minderhede ook steeds hul tradisionele musiekvorms behou het. "Luk thung" (Thai: ลูกทุ่ง; letterlik "kind van die velde") is kort vir "pleng luk thung" (Thai: เพลงลูกทุ่ง – "lied van 'n kind van die velde"). "Luk thung"-liedjies weerkaats oor die algemeen die teëspoed van die alledaagse lewe tussen die plattelandse armoediges. Die liedjies neig na 'n stadige tempo en die sangers gebruik 'n uitdrukkende sangstyl met 'n groot deel vibrato. Die styl het ontwikkel in die eerste helfte van die 20ste eeu, alhoewel die term, "luk thung", vir die eerste keer in die 1960's gebruik is. Ponsri Woranut en Suraphol Sombatcharoen was van dié genre se eerste groot sterre en het invloede van Latyns-Amerika, Japan, Indonesië, Maleisië en veral Amerikaanse rolprentklankbane en volkmusiek, asook jodel. Die genre het ook 'n herlewing ervaar na die begin van die eerste "luk thung"-radiostasie in 1997. "Mor lam" is 'n antieke vorm van Lao-sang in beide Laosiaans en Isan. Die term beteken "kundige sang" of "kundige sanger", afhangende van die konteks waarin die term gebruik word. Die kenmerk van "mor lam" is die gebruike van 'n buigsame melodie wat by die tonale klanke van die lirieke aangepas word. Volgens tradisie is die oorspronklike melodie ontwikkel vir die toonsetting van tradisionele "gaun"-gedigte. Die sang word ook oor die algemeen begelei deur 'n "khene", 'n soort mondfluitjie wat van riet gemaak is, alhoewel moderne elektriese instrumente ook tans gebruik word. Tans is die tempo van die musiek vinnig, alhoewel dit vroeër deur 'n stadiger tempo gekenmerk was. Volgehoue kenmerke sluit in 'n sterk ritmiese begeleiding, vokale spronge en 'n sangstyl wat 'n geselstrant aanneem, vergelykbaar met Amerikaanse kletsrymmusiek. Algemene temas sluit in onbeantwoorde liefde en die struikelblokke in die lewens van die plattelandse Isan en Laos, vermeng met droë humor. In die areas van herkoms maak "mor lam"-opvoerings 'n belangrike deel van feeste en plegtighede uit. Die musiek is tans ook gewild in ander dele van die land, te danke aan die verspreiding van trekarbeiders vir wie die musiek 'n belangrike kulturele skakel na hul tuiste bly. SkoolstelselWysig Bywoning van die ses-jaar-lange laerskool is verpligtend en in beginsel gratis, alhoewel leerlinge oor die afgelope paar jaar meer en meer vir hulle eie onderrigmateriaal en skooluniforms vir die verskillende weeksdae moes betaal. Die onderrigmetodes is nie gelyk aan die metodes wat in die Weste as standaard beskou word nie. Kinders word min aangemoedig om verantwoordelikheid te neem vir hul studies en selfstandig te leer. Die nosie van gesag word eerder, soos ook in die res van die land, ook hier bevorder. Alhoewel lyfstraf reeds 'n aantal jare nie meer toegelaat word nie, is gesagsgedrewe leermetodes steeds algemeen. Lesse word oral in klaskamers aangebied, met 'n onderwyser wat vooraan staan en die leerlinge onderrig. Daar is ook 'n aantal Christelike skole en skole vir buitelanders. Enige onderrig na primêre skool is nie meer gratis nie. Beide die onderwysers en die leerlinge dra uniforms. Onderwysers dra ook verskillende borsspelde en skouerdekorasies om hulle amp, funksie en dienstyd te toon. 'n Pet vorm ook deel van die uniform. Thailand is moontlik die enigste land waar padvindery deel van die kurrikulum is. Al die leerlinge van 'n skool gaan op 'n bepaalde dag van die week in hul padvinder-uniforms skool toe. Dit is ook algemeen dat normale onderrig nie op sulke dae plaasvind nie. Politiek en regeringWysig GeskiedenisWysig Sedert die omverwerping van die absolute monargie in 1932 het Thailand reeds 17 grondwette en handveste gehad.[17][18] In hierdie tyd het die regeringsvorm gewissel van 'n militêre diktatorskap tot 'n verkose demokrasie, maar al die regerings het 'n erflike monarg as die hoof van die staat erken.[19][20] 1997 tot 2006Wysig Die grondwet van 1997 was die eerste grondwet wat deur 'n verkose komitee opgestel is. Dié komitee was verkies op grond van gewildheid en daar word na dié grondwet verwys as die "Grondwet van die mense".[21] Die grondwet van 1997 het 'n tweekamerstelsel geskep, bestaande uit 'n 500-sitplek Huis van Verteenwoordigers (สภาผู้แทนราษฎร, "sapha phutan ratsadon") en 'n 200-sitplek Senaat (วุฒิสภา, "wuthisapha"). Dit was ook die eerste keer in die geskiedenis wat beide huise direk verkies is. Baie menseregte word in die grondwet uitdruklik erken en maatstawwe is in plek gestel om die stabiliteit van verkose regerings te verbeter. Tydens die verkiesing van die Huis van Verteenwoordigers kon slegs een kandidaat met 'n stemmeerderheid per stemdistrik verkies word. Die Senaat was per provinsie verkies, waartydens 'n provinsie meer as een senator kon hê, afhangende van die provinsie se bevolkingsgrootte. Lede van die Huis van Verteenwoordigers dien vir 'n termyn van vier jaar, terwyl senators vir ses jaar dien. Die hofstelsel (ศาล, "saan") het 'n grondwetlike hof ingesluit wat regspraak oor die grondwetlikheid van parlementêre aktes, koninklike verordenings en ander politieke sake gehad het. Die algemene verkiesing in Januarie 2001 was die eerste verkiesing onder die 1997-grondwet, en daar is na verwys as die eerste korrupsie-vrye verkiesing in die geskiedenis van Thailand.[22] Die daaropvolgende regering was die eerste regering wat die volle vier-jaar termyn gedien het. Die verkiesings in 2005 het die grootste aantal stemmers getrek in die geskiedenis van Thailand en het 'n kenmerkende verlaging getoon in die aantal gekoopte stemme wat in vorige verkiesing opgemerk was.[23][24][25] Aan die begin van 2006 het aansienlike druk van aantygings oor korrupsie daartoe gelei dat Thaksin Shinawatra 'n kitsverkiesing vereis, wat sou plaasvind vóór die geskeduleerde verkiesingsdatum. Die opposisie het die verkiesings geboikot en Thaksin was her-aangewys. Volgehoue, stygende druk het op 19 September 2006 tot 'n militêre staatsgreep gelei. Ná die staatsgreep van 2006Wysig 'n Militêre junta, die Raad vir Nasionale Veiligheid ("Council for National Security"), het die verkose regering van Thaksin op 19 September 2006 omvergegooi. Koning Bhumibol Adulyadej het die dag na die staatsgreep die situasie bevestig met 'n koninklike verklaring. Die junta het die grondwet afgeskaf, die Parlement en die Geregshof ontbind, sommige lede van die regering aangehou en later verwyder, krygswet is verklaar en een van die Koning se privaatraadslede, Surayud Chulanont, as eerste minister aangestel. Die junta het 'n hoogs afgekorte oorgangsgrondwet opgestel en 'n paneel aangestel om 'n permanente grondwet te ontwerp. Die junta het ook 'n 250-lid wetgewende mag aangestel, waarna deur een kritiek verwys is as 'n "kamer van generale".[26][27] Die hoof van die junta was toegelaat om die eerste minister ter eniger tyd te verwyder. Die wetgewende mag was nie toegelaat om 'n mosie van wantroue in die Kabinet te lewer nie en die publiek was nie toegelaat om kommentaar op enige van die regte in te dien nie.[28] Krygswet is in Januarie 2007 gedeeltelik herroep. Die junta hou egter aan om die media te sensor en word van 'n aantal menseregteskendings beskuldig. Die junta het ook alle politieke aktiwiteite en vergaderings tot Mei 2007 verban. Thailand bly 'n aktiewe lid van die Association of Southeast Asian Nations (ASEAN). EkonomieWysig Thailand is 'n nuut geïndustrialiseerde land. Die term is 'n sosio-ekonomiese klassifisering wat gebruik word om te verwys na lande wat nog nie "eerste wêreld"-status bereik het nie, maar wat, in 'n makro-ekonomiese sin, reeds ander ontwikkelende lande verbygesteek het. Thailand het van 1985 tot 1995 die vinnigste groeikoers ter wêreld geniet, met 'n algemene koers van 9% per jaar. Die veranderings het egter verhoogde druk op Thailand se geldeenheid, die baht, uitgeoefen en 'n finansiële krisis in 1997 het swakhede in die finansiële sektor blootgestel. Na die baht vir 'n lang tydperk 'n vaste waarde gehad het van VS$1 vir 25 baht, het die Thai-regering die waarde van die baht vrygestel om deur die markkragte bepaal te word. As gevolg van die vrystelling het die baht egter in Januarie 1998 sy laagste waarde ooit behaal, toe VS$1 gelykstaande was aan 56 baht. Die ekonomie het ook in daardie jaar 10,2% van sy waarde verloor. Die ineenstorting het deel gevorm van die groter Asiatiese finansiële krisis. Die land het later in 1998 'n herstellingsfase deurgegaan en die ekonomie het daardie selfde jaar met 4,2% gegroei en 'n verdere 4,4% gegroei in 2000. Die groei was grootliks te danke aan hul uitvoerhandel, wat met 20% in 2000 gestyg het. Die ekonomiese groei was ietwat gedemp in 2001, as gevolg van 'n verswakking in die wêreldwye ekonomie. Die groei is egter in die daaropvolgende jare hervat, danksy ekonomiese groei in die Volksrepubliek China en verskeie plaaslike ekonomie-stimuleringsprogramme deur die eerste minister Thaksin Shinawatra. Daar word ook na sy ekonomiese taktieke verwys as "Thaksinomics". Thailand het in 2003 en 2004 'n jaarlikse ekonomiese groei van net oor die 6% geniet, ondanks 'n verswakking in die wêreldwye ekonomie.[29] Belegging het egter in 2006 gestagneer, na beleggers afgeskrik was deur die Thaksin-administrasie se politieke probleme. Die militêre staatsgreep in September 2006 het 'n nuwe ekonomiese span voorsien, onder leiding van die bestuurder van die voormalige sentrale bank. Die Thai Raad van Belegging het 'n daling van 27% in beleggingaansoeke tussen Januarie en November gerapporteer (in vergelyking met dieselfde tydperk van die vorige jaar). Uitvoerhandel het egter die hoogtes ingeskiet en het byna 17% gestyg in 2006. Thailand voer jaarliks produkte met 'n gesamentlike waarde van meer as $105 miljard uit.[29] Van hulle grootste uitvoerprodukte sluit in rys, tekstiele en skoene, visprodukte, rubber, juwele, motorkarre, rekenaars en elektriese toestelle. Thailand is die wêreld se voorste uitvoerder van rys en voer jaarliks 6,5 ton verwerkte rys na lande regoor die wêreld uit. Rys is dus ook die belangrikste gewas in die land. Thailand het die hoogste persentasie van bewerkbare land van al die nasies in die Groter Mekong Substreek: 27,25%.[30] Dié streek sluit onder ander die lande Viëtnam, Kambodja, Laos, Mianmar en die Yunnan-provinsie van die Volksrepubliek China in. Ongeveer 55% van die beskikbare land word gebruik vir die produksie van rys.[15] ToerismeWysig Toerisme is 'n belangrike ekonomiese faktor in Thailand. Dié industrie het 'n hupstoot gekry toe Amerikaanse soldate in die 1970's hier aangedoen het tydens ruspouses in die Viëtnamoorlog. In 2005 het die land ongeveer 13,38% buitelandse besoekers ontvang: 'n verhoging van 14,48% sedert 2004. Volgens die Toerismeraad van Thailand is 65% van die land se besoekers vanuit Asië en die streke rondom die Stille Oseaan. Thailand ervaar sterk kompetisie met sy buurlande: Kambodja huisves die gewilde tempel Angkor Wat terwyl die stad Luang Prabang in Laos ook 'n uiters gewilde toeristebestemming is. Ten spyte hiervan het Thailand 'n verskeidenheid trekpleisters, met onder ander duikplekke, strande, eksotiese eilande, argeologiese vondsplekke, museums, etniese en godsdienstige plekke en wêrelderfenisgebiede. Thailand beskik ook oor verskeie tempels van die Khmer-ryk soos die Sdok Kok Thom naby die grens met Kambodja. - Ban Chiang – 'n argeologiese vondsplek. - Die Dong Phaya Yen-bergreeks. - Die Ayutthaya-park wat geleë is op die ruïnes van die antieke stad Ayutthaya. - Die Sukhothai-park wat geleë is op die ruïnes van die antieke hoofstad Sukhothai. - Die Thungyai- en Huai Kha Khaeng-wildreservate. Die hoofstad van Thailand, Bangkok, is een van die gewildste toeristebestemmings in die wêreld: nommer drie volgens die tydskrif Travel and Leisure,[32] en die gewildste in Asië. Die stad spog met drie van die land se gewildste geskiedkundige plekke: Grand Palace (die eertydse woning van die koninklike familie) en die Boeddhistiese tempels Wat Pho en Wat Arun. "Khaosan Road" is die naam van 'n kort straat in Bangkok wat tans bekend staan as die ghetto van rugsakstappers. Die straat huisves 'n aantal van Bangkok se goedkoper herberge en hotelle en baie toeriste gebruik die straat as 'n basis vir hul besoek aan die res van Thailand, aangesien daar gereëlde busdienste vanaf Khaosan Road na alle toeristebestemmings in Thailand loop. Van die vernaamste internasionale lughawens vir toeriste in Thailand sluit in Don Mueang en Suvarnabhumi wat Bangkok bedien en Phuket Internasionale Lughawe op die toeriste-eiland Phuket. Thai Airways vorm Thailand se vlagdraerlugredery. VerwysingsWysig - ( ) "Thailand". Central Intelligence Agency. Besoek op 24 Januarie 2019. - ( ) "Thailand's new provisional constitution". Thai PBS. 22 Julie 2014. Besoek op 24 Januarie 2019. - ( ) "World Population Prospects: The 2017 Revision". ESA.UN.org (custom data acquired via website). United Nations Department of Economic and Social Affairs, Population Division. Besoek op 24 Januarie 2019. - ( National Statistics Office, ) "100th anniversary of population censuses in Thailand: Population and housing census 2010: 11th census of Thailand". popcensus.nso.go.th. - ( ) "Thailand". Internasionale Monetêre Fonds. Besoek op 24 Januarie 2019. - ( ) "2018 Human Development Report" (PDF). United Nations Development Programme. 2018. Besoek op 24 Januarie 2019. - ( ) "Thailand". Wêreldbank. Besoek op 24 Januarie 2019. - ( Judith A. Stowe, ) Siam Becomes Thailand: A Story of Intrigue, bl. 122, Geraadpleeg op 13 Julie 2007 - ( ) Thailand (Siam) History, CSMngt-Thai. - ( Thongchai Winichakul, ) Siam Mapped: a history of the geo-body of a nation, bl. 49, Geraadpleeg op 13 Julie 2007 - ( Pasuk Phongpaichit en Chris Baker, A History of Thailand, Cambridge University Press, 2005, ) ISBN 0-521-81615-7 - ( ) "Q&A: Thailand-Cambodia temple dispute". BBC. 7 November 2013. Besoek op 24 Januarie 2019. - ( ) Muay Thai Geskiedenis - ( ) Die geskiedenis van vlieërs in Thailand. - ( ) IRRI se profiel van Thailand - ( ) Cooperation of IRRI and Thailand – 'n PDF-dokument van die IRRI. 38,7 KB - ( The Council of State, ) Grondwette van Thailand - ( Thanet Aphornsuvan, ) The Search for Order: Constitutions and Human Rights in Thai Political History. PDF-dokument, 152 KiB. 2001 Symposium: Constitutions and Human Rights in a Global Age: An Asia Pacific perspective - ( ) 'n Lys van die vorige staatsgrepe in Thailand. - ( ) 'n Lys van onlangse staatsgrepe in Thailand se geskiedenis. - ( Kittipong Kittayarak, ) The Thai Constitution of 1997 and its Implication on Criminal Justice Reform. Webwerf van die United Nations Asia and Far East Institute for the Prevention of Crime and the Treatment of Offenders. URL besoek op 19 Julie 2007. - ( Robert B. Albritton and Thawilwadee Bureekul, ) Developing Democracy under a New Constitution in Thailand. PDF-dokument: 319 KiB/327281 bytes. National Taiwan University and Academia Sinica Asian Barometer Project Office Working Paper, Rekks Nr. 28, 2004 - ( Pongsudhirak Thitinan. Victory places Thaksin at crossroads. Bangkok Post, 9 Februarie 2005 ) - ( ) "Unprecedented 72% turnout for latest poll". The Nation. 10 Februarie 2005. - ( Aurel Croissant and Daniel J. Pojar, Jr., ) Quo Vadis Thailand? Thai Politics after the 2005 Parliamentary Election, Strategic Insights, Volume IV, Issue 6 (Junie 2005) - ( The Nation. ) NLA 'doesn't represent' all of the people. 14 Oktober 2006 - ( The Nation. ) Assembly will not play a major role, 15 Oktober 2006 - ( The Nation. ) Interim charter draft. 27 September 2006 - ( ) CIA world factbook – Thailand - ( ) CIA world factbook – Greater Mekong Subregion - ( ) "Properties inscribed on the World Heritage List (5)". Whc.unesco.org. Besoek op 24 Januarie 2019. - ( ) World's Best Awards 2006, Top 10 Cities Overall in Travel + Leisure. URL besoek op 15 Junie 2007. BronnelysWysig - Algemeen - ( ) "Thailand". Encyclopædia Britannica. Besoek op 24 Januarie 2019. - ( ) "Thailand". Central Intelligence Agency. Besoek op 24 Januarie 2019. - Musiek - ( Miller, Terry E. (1985). Traditional Music of the Lao: Kaen Playing and Mawlam Singing in North-east Thailand. Greenwood Press. ) ISBN 0-313-24765-X. - ( Mosel, James N. (1959). Sound and Rhythm in Thai and English Verse, Pasa lae Nangsue. ) - ( Prayut Wannaudom ) The Collision between Local Performing Arts and Global Communication, in case Mawlum. Laaste besoek op 13 Mei 2005. - ( Morton, David (1976). The Traditional Music of Thailand. University of California Press )
<urn:uuid:78afb556-c8e1-4acd-9919-0c22589448ba>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Thailand
2019-07-18T23:38:25Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525863.49/warc/CC-MAIN-20190718231656-20190719013656-00058.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99993
false
Geskiedenis Argeologie • Datums • Kulturele geskiedenis • Oorloë • Religieuse geskiedenis • Rewolusies • Vroeë beskawings • Antieke Egipte
<urn:uuid:397d6c71-29e0-4280-9a8f-3077816ea4f3>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Tuisblad/Vakgebiede/Geskiedenis
2019-07-21T11:17:57Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00378.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998664
false
Opstand 'n Opstand of rebellie vind plaas wanneer 'n individu of groep mense in verset kom teen gesag. 'n Opstand wissel van burgerlike ongehoorsaamheid tot gewapende verset. Suksesvolle opstandings kan lei tot 'n revolusie of 'n bevryding. Iemand wat in opstand kom heet 'n rebel of opstandeling. Vorms van opstandWysig Die intensiteit van 'n opstand verskil dikwels en kan strek van 'n plaaslike oproer tot 'n burgeroorlog: - Burgerlike ongehoorsaamheid, geweldlose verset, soos in Brits-Indië, deur Mahatma Gandhi. - 'n Muitery van ondergeskikte militariste teen hulle meerderes. - 'n Versetbeweging teen buitelandse oorheersers, soos deur die Fretilin in Oos-Timor. - 'n Revolusie of snelle omverwerping van gesag, soos die Oktoberrevolusie in Rusland. - 'n Guerrilla-oorlog teen die maghebbers, soos in Kuba deur Fidel Castro en Che Guevara. - Volslae oorlog, soos die Warskou-opstand. Sien ookWysig - Maritz-rebellie, die rebellie van 1914 in Suid-Afrika
<urn:uuid:abaaf8c9-5cd1-493a-85c7-e59610201ec4>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Opstand
2019-07-18T23:21:32Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525863.49/warc/CC-MAIN-20190718231656-20190719013656-00082.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999936
false
Slag van Gallipoli Die Slag van Gallipoli het tussen 25 April 1915 en 9 Januarie 1916 tydens die Eerste Wêreldoorlog plaasgevind op die Gallipoli-skiereiland in Turkye. Britse en Franse magte het gesamentlik 'n operasie van stapel gestuur om die Ottomaanse hoofstad, Konstantinopel, oor te neem en sodoende 'n seeroete na Rusland te waarborg. Dit sou voorrade na die Russiese magte aan die oosfront verseker en die Duitsers aan daardie front onder groot druk plaas. Die poging het egter misluk en tot swaar verliese aan albei kante gelei. Slag van Gallipoli | ||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---| Deel van Eerste Wêreldoorlog | ||||||| Die Slag van Gallipoli | ||||||| Strydende partye | ||||||| Verenigde Koninkryk Frankryk Australië Nieu-Seeland Brits-Indië Newfoundland | Ottomaanse Ryk Duitse Keiserryk Oostenryk-Hongarye | |||||| Bevelvoerders | ||||||| Sir Ian Hamilton Herbert Kitchener John de Robeck | Sanders Pasha Esat Pasha Vehip Pasha Cevat Pasha Mustafa Kemal Atatürk | |||||| Sterkte | ||||||| 324 000 | 122 000 | |||||| Ongevalle | ||||||| 44 072 | 57 263 | Die Gallipoli-veldtog het 'n beduidende uitwerking op al die nasies gehad. In Turkye word die veldslag beskou as 'n vormende oomblik in die geskiedenis van die Turkse nasie, 'n laaste oplewing toe die eeue oue Ottomaanse Ryk aan die verkrummel was. Die stryd het die grondslag gelê vir die Turkse onafhanklikheidsoorlog en die Turkse republiek agt jaar daarna onder leiding van Atatürk, wat ook 'n bevelvoerder was by Gallipoli. Die veldtog was ook die eerste groot veldslag waaraan die Australiese en Nieu-Seelandse Leërkorps deelgeneem het en word dikwels beskou as die beginpunt van 'n nasionale bewustheid in albei lande. Vandag is Anzac-dag, wat die ongevalle in die veldslag herdenk, een van die belangrikste herdenkingsdae in Australië en Nieu-Seeland. AanloopWysig Die Geallieerde magte was ywerig om 'n voorsieningsroete na Rusland te open aangesien 'n verhoogde aanslag aan die oosfront die druk aan die wesfront sou verlig. Die Duitse Ryk en Oostenryk-Hongarye het Rusland se handelsroetes na Europa oor land afgesny en daar was geen maklike seeroete beskikbaar nie. Die Witsee in die noorde en die See van Ochotsk in die Verre-Ooste was ver van die oosfront geleë en dikwels bevrore. Die Oossee was geblokkeer deur die Duitse vloot. Die enigste toegang tot die Swartsee was deur die Bosporus, wat onder beheer van die Ottomaanse Ryk was. Toe die Ottomaanse Ryk in Oktober 1914 by die Sentrale Moondhede aansluit, kon Rusland nie meer van die Middellandse See van voorrade voorsien word nie. Laat in 1914 het gevegte aan die wesfront in Frankryk en België 'n dooie punt bereik. Die Geallieerdes het ook gehoop dat 'n aanval op die Ottomaanse ryk Bulgarye en Griekeland in die oorlog sou betrek aan die Geallieerdes se kant. 'n Vroeëre voorstel om Griekse troepe te gebruik om die Gallipoli-skiereiland in te val, is deur Rusland afgekeur omdat gevoel is dat Rusland se Slawiese bondgenote bedreig sou voel deur die uitbreiding van Griekse mag en invloed. Die Franse minister van justisie, Aristide Briand, het in November 1914 'n voorstel gedoen om Turkye aan te val, maar dit het nie steun geniet nie. Britse pogings om die Turke om te koop om aan die Geallieerde kant aan te sluit was onsuksesvol.[1] Later in dieselfde maand het Winston Churchill, wat toe hoof van die Britse Vloot was, 'n see-aanval op die Dardanelles voorgestel. Aanvanklik sou dit deur slegs die Britse vloot uitgevoer word met net 'n klein aantal troepe verbonde aan die aanvalsmag. Die plan is deur John Fisher, 'n hoë vlootoffisier, teengestaan wat eerder 'n direkte see-inval op die noordkus van Duitsland voorgestaan het, maar Churchill se plan is uiteindelik aanvaar.[2] VerwysingsWysig - Strachan, Hew (2004) The First World War, bl 115 - Andrew Marr se reeks, The Making of Modern Britain, Episode 3.
<urn:uuid:52cc86d2-4c59-49ca-9fbd-9e13a8204124>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Slag_van_Gallipoli
2019-07-19T00:18:07Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525863.49/warc/CC-MAIN-20190718231656-20190719013656-00082.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999991
false
468 Jump to navigation Jump to search 468 | ◄ | 4de eeu | ◄5de eeu► | 6de eeu | ► | Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal | Sien ook: Kategorie:468 | Kalenders | | Die jaar 468 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 68ste jaar van die 5de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
<urn:uuid:98f9f7ed-7c54-47aa-b37a-045fd3feea0e>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/468
2019-07-21T11:01:15Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00402.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999961
false
FIFA Die Internasionale Federasie vir Voetbal Assosiasie (Frans: Fédération Internationale de Football Association), algemeen bekend as FIFA, is die internasionale beheerliggaam vir sokker. Hulle hoofkantoor is in Zürich, Switserland, en die huidige president is Gianni Infantino. FIFA is verantwoordelik vir die organisasie en beheer van die hoof voetbalgeleenthede, onder andere die FIFA Sokker-Wêreldbeker, wat sedert 1930 aangebied word. FIFA het 209 assosiasie lede – 16 meer as die Verenigde Nasies. Konfederasies[wysig | wysig bron] FIFA het ses kontinentale bonde as lid, naamlik: - Asian Football Confederation (AFC) - Confédération Africaine de Football (CAF) - Confederación Sudamericana de Fútbol (CONMEBOL) - Confederation of North and Central American and Caribbean Association Football (CONCACAF) - Oceania Football Confederation (OFC) - Union of European Football Associations (UEFA) Voorsitters en ondervoorsitters[wysig | wysig bron] Voorsitters | || ---|---|---| Naam | Nasionaliteit | Termyn | Robert Guérin | Frankryk | 1904–1906 | Daniel Burley Woolfall | Engeland | 1906–1918 | Jules Rimet | Frankryk | 1921–1954 | Rodolphe William Seeldrayers | België | 1954–1955 | Arthur Drewry | Engeland | 1955–1961 | Sir Stanley Rous | Engeland | 1961–1974 | João Havelange | Brasilië | 1974–1998 | Sepp Blatter | Switserland | 1998–2016 | Gianni Infantino | Switserland | 2016–hede | Ondervoorsitters | || ---|---|---| Naam | Nasionaliteit | Termyn | Ebbe Schwartz | Denemarke | 1954–1962 | Gustav Wiederkehr | Switserland | 1962–1972 | Artemio Franchi | Italië | 1972–1983 | Jacques Georges | Frankryk | 1983–1990 | Lennart Johansson | Swede | 1990–2007 | Michel Platini | Frankryk | 2007–hede | Die ondervoorsitter van FIFA is ook die voorsitter van die UEFA. Sekretarisse-generaal[wysig | wysig bron] Naam | Nasionaliteit | Termyn | ---|---|---| Louis Muhlinghaus | België | 1904–1906 | Carl Anton Wilhelm Hirschmann | Nederland | 1906–1931 | Ivo Schricker | Duitsland | 1932–1951 | Kurt Gassmann | Switserland | 1951–1961 | Helmut Käser | Switserland | 1961–1981 | Sepp Blatter | Switserland | 1981–1998 | Michel Zen-Ruffinen | Switserland | 1998–2002 | Urs Linsi | Switserland | 2002–2007 | Jérôme Valcke | Frankryk | 2007–2016 | Eksterne skakels[wysig | wysig bron] Wikimedia Commons bevat media in verband met FIFA. | - ( ) ( ) ( ) ( ) ( ) ( ) FIFA se amptelike webtuiste
<urn:uuid:d2eb8db6-154b-434d-a48f-0e9e7963cedb>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/FIFA
2019-07-21T11:10:24Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00402.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.98585
false
William Turton William Turton | | Gebore | 21 Mei 1762 Olveston, Gloucestershire | ---|---| Oorlede | 28 Desember 1835 Bideford | Nasionaliteit | British | Vakgebied | Naturalis | Alma mater | Oriel College, Oxford | Willian Turton is in Olveston, Gloucestershire gebore en is opgelei by Oriel College, Oxford. Hy het in Swansea in die praktyk getree, maar het sy vrye tyd aan die natuurgeskiedenis, veral konchologie, toegewy. Hy het verskeie geïllustreerde skulpboeke gepubliseer, en 'n vertaling van Gmelin se uitgawe van Linnaeus' Systema Naturae in 1806. Turton is in Bideford dood. Sy skulpversameling is nou by die Smithsoniese Instituut. Die tweekleppige genus Turtonia en die spesie Galeomma turtoni [1] is na hom vernoem. Verwysings[wysig | wysig bron] - Turton, W. (1825). “Description of some new British shells.” (in en). Zoological Journal 2.
<urn:uuid:e4066452-3dcb-4e62-9665-a98a2ac8bf1e>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/William_Turton
2019-07-21T11:22:33Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00402.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998989
false
Bespreking:Ѥ Jump to navigation Jump to search Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Ѥ-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. | Artikelriglyne Daaglikse bladtrekke | |
<urn:uuid:4652cf07-a106-4157-98c8-abc1f92c64ae>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:%D1%A4
2019-07-24T00:56:46Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530246.91/warc/CC-MAIN-20190723235815-20190724021815-00162.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999995
false
Bespreking:Gamma Aquarii Jump to navigation Jump to search Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Gamma Aquarii-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. | Artikelriglyne Daaglikse bladtrekke | |
<urn:uuid:39ccfca9-adda-417a-b51c-6ed9bb679ead>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Gamma_Aquarii
2019-07-24T00:36:21Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530246.91/warc/CC-MAIN-20190723235815-20190724021815-00162.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999975
false
Kategorie:Geboue en strukture in Suid-Afrika volgens nedersettings Jump to navigation Jump to search Wikimedia Commons bevat media in verband met Buildings in South Africa by city. | Subkategorieë Hierdie kategorie bevat die volgende 8 subkategorië, uit 'n totaal van 8. B - D - J - P - - T -
<urn:uuid:04ca252a-2a69-4240-991b-9215cad4c9ad>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Geboue_en_strukture_in_Suid-Afrika_volgens_nedersettings
2019-07-24T00:47:39Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530246.91/warc/CC-MAIN-20190723235815-20190724021815-00162.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.988684
false
Aandelebeurs 'n Aandelebeurs of effektebeurs is 'n tegniese mark waar aandele of effekte verhandel word. Aandelemakelaars dryf op 'n aandelebeurs namens hulself en hul kliënte handel en is op die betrokke beurse geregistreer. Die grootste effektebeurse ter wêreld is die New Yorkse Aandelebeurs (Wall Street), die Tokyo-aandelebeurs, die Amerikaanse NASDAQ, die Europese Euronext en die Londense Aandelebeurs. Die Johannesburgse Aandelebeurs (JSE) is die grootste in Afrika. Inhoud TerminologieWysig Aandelemakelaars het hulle eie terminologie wat gebruik word tydens verhandelings. So is 'n "tickey snatcher" iemand wat 'n klomp aandele koop, maar dit verkoop sodra daar die geringste styging in die prys is. 'n "Stag" is 'n baie versigtige koper wat probeer om aandele te bekom nog voordat 'n maatskappy genoteer is. Sommige van die terme het intussen só alledaags geword dat hulle in die spreektaal opgeneem is: "bulmark" verwys na 'n stygende mark, terwyl die teenoorgestelde 'n "beermark" is. Die belangrikste beurs is die effek tebeurs, waar die verhandeling van effekte of aandele plaasvind. Dié beurs is alleenlik vir lede toegank lik. Dit beteken egter nie dat die publiek nie ook beursaandele kan bekom nie. Enigeen bo 21 jaar kan deur 'n makelaar aandele koop. 'n Makelaar is 'n persoon wat op die beurs geregistreer is en wat koop en verkooptransaksies namens homself en ander mense mag aangaan . Die belangrikste effektebeurse in die wêreld is dié in Londen, Frankfort, Amsterdam, Parys, Brussel, Milaan, Zürich, die New York Stock Exchange (Wall Street) en die Johannesburgse Effektebeurs in Suid-Afrika. Die Johannesburgse Effektebeurs is in November 1887 deur Benjamin Woollan gestig en is onderhewig aan die Wet op Beheer van Effektebeurse van 1947, soos gewysig. Die doel van die Beurs was om 'n mark te bied vir die talie mynbou- en finansiële maatskappye wat kort ná die ontdekking van goud in Johannesburg ontstaan het. In sy eerste 30 jaar was die Beurs hoofsaaklik 'n mynboumark en is vandag nog steeds die grootste goudmynmark ter wêreld. Die afgelope 35 jaar het sake so verander dat daar vandag meer as dubbel soveel nywerheids- as mynmaatskappye genoteer is. Die prys waarteen 'n aandeel verhandel word, word deur vraag en aanbod bepaal. Makelaars roep die naam van die aandeel wat verkoop moet word hardop uit,en as iemand belang stel, word daar 'n aanbod gedoen. Wanneer die aanbod aanvaar is, is die transaksie beklink en word die prys waarteen dit verhandel is, op 'n skryfbord aangebring, waarná besigheid verder voortgesit word. VerhandelingeWysig 'n Aandeel se prys hang van vraag en aanbod af. 'n Makelaar sal die naam van 'n aandeel wat te koop staan uitroep, waarop 'n belangstellende 'n aanbod sal maak. Indien die makelaar sy aanbod aanvaar, word die transaksie beklink en die prys waarteen dit verhandel is op 'n elektroniese skerm aangebring. Uit die aard van hulle werk kan 'n mens verstaan dat die hoogste persoonlike integriteit verwag word van lede wat op die Beurs geregistreer is. Daarom word die Effektebeurs ook beheer deur sy eie reëls en verordeninge, wat dikwels strenger is as die Wet. Die Effektebeurs word deur 'n erekomitee van 15 lede bestuur wat jaarliks uit die geledere van die Beurs verkies moet word. Die komitee benoem 'n president en onderpresident en 'n aantal onderkomitees . Die Registrateur van Finansiële lnstellings of sy benoemde is ex officio - lid van die komitee en van alle ander komitees. Weens die styging in die getal nywerheidsaandele het die aard van die Beurs ingrypend verander . Waar dit vroeër eerder 'n spekulatiewe mark was, is dit vandag meer 'n beleggingsmark, met ander woorde aandeelhouers maak staat op veilige beleggings wat vir hulle 'n goeie dividend sal betaal. 'n Dividend is 'n verdienste wat verdeel word onder aandeelhouers na gelang van hulle soort aandeel (voorkeur of gewone) en die aantal. Die Effektebeurs het 'n eie terminologie en "sleng". Iemand wat 'n klomp aandele koop en dit by die geringste styging in die prys weer verkoop, word '-n "tickey snatcher" genoem, en die versigtige verkoper wat probeer om aandele in die hande te kry voordat 'n maatskappy genoteer word, word 'n "stag" genoem. Sommige van die Beursterme is al in die gewone spreektaal opgeneem. Só word daar bv. gereeld in finansiële terme van 'n bulmark (stygende) of 'n beermark (dalende) gepraat. 'n Belegger op 'n beermark verwag dat die aandele verder sal val, dus verkoop hy sy aandele in die hoop om dit later goedkoper terug te koop . Die eerste volwaardige effektebeurs in Suid-Afrika is in 1880 in Kimberley gestig, gevolg deur twee in Barberton in 1884. Net die fasade van een het oorgebly en is vandag 'n historiese monument. Sien ookWysig BronnelysWysig - Aandelebeurs in Wêreldspektrum, volume 1. 1983 Ensiklopedie Afrikana: (EDMS) BPK.
<urn:uuid:df367191-bb94-4d89-bac4-15f162cafa5b>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Effektebeurs
2019-07-17T17:07:34Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525355.54/warc/CC-MAIN-20190717161703-20190717183703-00506.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999988
false
Asiel Asiel, asielreg of politieke asiel, van die Grieks ἄσυλον,[1] is die antieke juridiese idee dat 'n persoon wat vir politieke opinies of religieuse oortuigings in sy of haar eie land vervolg word, deur 'n ander soewereine gesag, 'n andermanse land, of kerklikse toevlugsoord (soos in die middeleeuse tye) beskerm kan word. Hierdie reg is gewortel in 'n eeue-oue Westerse tradisie, wat reeds deur die Grieke erken is, alhoewel die Egiptenare en die Hebreërs 'n soortgelyke konsep gehad het.
<urn:uuid:142766c3-dd46-4966-bec4-794025255a28>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Asiel
2019-07-17T16:57:01Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525355.54/warc/CC-MAIN-20190717161703-20190717183703-00506.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
1.000004
false
Beer Beer | |||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Ursus arctos arctos | |||||||||||| Wetenskaplike klassifikasie | |||||||||||| Genera | |||||||||||| Bere (Ursidae) vorm 'n familie binne-in die orde van die roofdiere (Carnivora). Hulle behoort saam die hondagtiges, seeroofdiere, wasbeeragtiges en marteragtiges tot die onderorde, Caniformia. Die eerste bere was nie groot nie, maar het mettertyd ontwikkel tot groot roofdiere. Die Kodiakbeer (Ursus arctos middendorffi) en die ysbeer (Ursus maritimus) is die twee grootste landroofdiere op aarde. Die huidige bere is groot diere, met stewige, kort ledemate en klein sterte. Bere is soolgangers: wanneer hulle loop sit hulle hulle hele voet neer. Wanneer bere hardloop, kan hulle vir 'n kort periode hoë snelhede bereik. Hulle is oor die algemeen omnivore, met 'n voorkeur vir plantaardige voedsel. Uitsonderings is die vegetariese reuse panda, wat uitsluitend bamboes vreet, en die karnivoriese ysbeer, wat selde plantaardige voedsel vreet en afhanklik is van 'n dieet van seehonde en vis. Pasgebore beertjies is baie klein (tot 700 g), sonder hare en hulpeloos. Genera[wysig | wysig bron] - Ailuropoda (panda) - Helarctos - Melursus - Ursus (bruinbere, ysbere en swartbere) - Tremarctos - Agriarctos† - Amphicticeps† - Amphicynodon† - Arctodus† - Cephalogale† - Indarctos† - Parictis† - Plionarctos† - Ursavus† - Kolponomos† Bronnelys[wysig | wysig bron] - Wozencraft, W.C. 2005. Order Carnivora. bl. 532-628 in Wilson, D.E. & Reeder, D.M. (red.). Mammal Species of the World: a taxonomic and geographic reference. 3rde uitgawe. Baltimore: The Johns Hopkins University Press, 2 volumes, 2142 bl. ISBN 978-0-8018-8221-0
<urn:uuid:de4b7d72-52e3-4044-8589-7fd49959f4a4>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bere
2019-07-20T05:23:15Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526446.61/warc/CC-MAIN-20190720045157-20190720071157-00266.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.995606
false
Juanita du Plessis Juanita du Plessis | || ---|---|---| Geboortenaam | Juanita Naudé | | Oorsprong | Namibië | | Geboorte | 26 April 1972 Windhoek, Suidwes-Afrika | | Beroep(e) | Sanger | | Genre(s) | Pop Afrikaans | | Instrument(e) | Stem en Kitaar | | Aktiewe jare | 1998 - Nou | | Etikette | Juanita Records | | Musiekportaal | Juanita is getroud met Herman (Doepie) du Plessis. Saam het hulle drie kinders – Ruan, Mario en Franja (die laaste twee is 'n tweeling). Haar broer, Pieter Naudé, haar dogter, Franja du Plessis en seun Ruan Josh is ook sangers in eie reg. Die totale verkope van al haar albums beloop reeds meer as 2 miljoen eenhede.[1] In 2010 ontvang sy 'n SAMA-toekenning in die kategorie beste Afrikaanse DVD vir haar 10 Jaar Platinum Treffers.[2] Die DVD bevat al Juanita du Plessis se suksesvolste treffers oor die eerste 10 jaar van haar sangloopbaan. In 2018 vier Juanita haar 20 jaar in die musiek bedryf met 'n treffers album: 20 Jaar, Treffers van 2008 - 2018. Diskografie[wysig | wysig bron] - Young Hearts (platinum) - Ek en Jy (Ska-rumba) (3x platinum) - Dis Waar Ek Wil Wees (2x platinum) - Jy Is... (3 x platinum) - Altyd Daar (3x platinum) - Bly By My (2x platinum) - Jou Skaduwee (2x platinum) - Vlieg Hoog (4x platinum) - Volmaakte Kring (3x platinum) - Bring jou Hart, saam met Theuns Jordaan (3x platinum) - 10 Jaar Platinum Treffers (3x platinum) - Engel van my hart (3x platinum) - Wees Lig (2x platinum) - Hart vol Drome, saam met Theuns Jordaan (Platinum) - Jy Voltooi My (Platinum) - Toe Staan Die Wereld Stil - Kaalvoetkinners - Koningskind - 20 Jaar DVD's[wysig | wysig bron] - Juanita Op haar Beste (regstreeks, 4x platinum) - Altyd daar DVD (2x platinum) - Bring jou hart, saam met Theuns Jordaan (5x platinum) - 10 Jaar Platinum Treffers DVD (3x platinum) - Tydloos... Die Musiekvideo's (platinum) - Hart vol Drome, saam met Theuns Jordaan (2x platinum) Toekennings[wysig | wysig bron] - 1994 Liedjieskryfkompetisie Namibië - Drie komposisies eindig in die Top 10 - 1997 CMA Awards - Beste sangeres - Beste liedjieskrywer - 1998 CMA Awards - Beste sangeres - Beste liedjieskrywer - Spesiale Presidentsverering vir musikale uitblinker - 2001 GMT Geraas-musiektoekennings - Liedjie van die jaar (Ska-Rumba) - Album en topverkoper van die jaar (Ek en Jy) - 2005 Huisgenoot Tempo-toekennings - Gunsteling vroulike kunstenaar - Stylvolste sangeres - 2006 Huisgenoot Tempo-toekennings - Gunsteling vroulike kunstenaar - Stylvolste sangeres - 2006 Vonk-toekennings - Beste vroulike kunstenaar van die jaar - 2007 Huisgenoot Tempo-toekennings - Gunsteling vroulike kunstenaar - Beste DVD van die jaar (Altyd daar Live) - Beste gospelalbum van die jaar (Vlieg hoog) - Gunsteling gospelkunstenaar van die jaar - 2007 Vonk-toekennings - Beste vroulike kunstenaar van die jaar - Beste album van die jaar - 2008 Kanna-toekenning - Bring jou Hart (saam met Theuns Jordaan) vir beste produksie by Die Musiekplaas: KKNK - 2008 Huisgenoot Tempo-toekennigs - Gunsteling vroulike kunstenaar - Gunsteling DVD (Bring Jou Hart met Theuns Jordaan) - Liedjie van die jaar: Mengelmoeskardoes - Top verkoper van die jaar (Volmaakte kring) - 2008 Vonk-toekennings - Beste verkoper van die jaar - Gewildste vroulike kunstenaar - 2009 SAMA-toekennings - Beste Afrikaanse DVD (Bring jou hart met Theuns Jordaan) - 2009 Tempo-toekennings - Gewildse vroulike kunstenaar - Liedjie van die jaar - 2010 Finesse Inspirasie vrou - Inspirasie vrou van 2010 - 2010 SAMA-toekeninng - Beste afrikaanse DVD (10 Jaar Platinum Treffers "Live") - 2011 SAMA-toekenning - Beste Afrikaanse Pop album (Engel van my hart) - 2011 Tempo-toekenning - Beste pop album (Engel van my hart) - Beste vroulike kunstenaar - Topverkoper vir 2010 (Engel van my hart) - 2012 Tempo-toekenning - Topverkoper vir 2011 (Wees lig) - Gunsteling Gospel album van die jaar (Wees lig) - 2012 Ghoema-toekennings - Beste geestelike album (Wees lig) - Topverkoper van 2011 (Wees lig) - Diamant toekenning – Beste verkoper in die geskiedenis van Afrikaanse musiek, met 'n totale verkoopsyfer van 1 897 171 CD’s Sien ook[wysig | wysig bron] Eksterne skakels[wysig | wysig bron] - ( ) Juanita du Plessis se webwerf - Vlieg Hoog op YouTube - Tussen woorde op YouTube - Jou Skaduwee op YouTube
<urn:uuid:cfde7ede-ecc7-4643-89c0-67a4d44d8cca>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Juanita_du_Plessis
2019-07-20T05:34:59Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526446.61/warc/CC-MAIN-20190720045157-20190720071157-00266.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.997236
false
Ndola Ndola | | Straat in Ndola se stadskern. | | Koördinate: Koördinate: | | Land | Zambië | ---|---| Provinsie | Koperstreek | Bevolking (2007) | | - Dorp | 774 757 | Tydsone | SAST (UTC+2) | Ndola is die derde grootste stad in Zambië naas Lusaka en Kitwe, wat dit eers in die laaste verbygesteek het. Dit is 'n handels- en verspreidingsentrum vir die provinsie Koperstreek, waarvan dit ook die hoofstad is. Die geskatte bevolking was 482 310 in 2009. In 1959 was die totaal 79 400, waarvan 9 200 blankes was en in 1965 85 700, waarvan 10 400 blankes was. Die staatsbeheerde dagblad die Times of Zambia word in die stad uitgegee. Toerisme[wysig | wysig bron] Drie lugrederye gebruik Ndola se internasionale lughawe, waaronder Zambian Airways en die Suid-Afrikaanse Lugdiens.[1] Daar is regstreekse vlugte na Lusaka, Johannesburg, Dar-es-Salaam en Lubumbashi. Die stad het vyf hotelle, waaronder die New Ambassador, New Savoy, Michelangelo, Mukuba en Skyways.[2] Besienswaardighede is onder meer die Slaweboom waar Swahili-handelaars byeen gekom het om slawe te koop en verkoop en die Dag Hammarskjöld-gedenkteken. Die Copperbelt Museum huisves enkele voorwerpe uit die steentydperk, mineraalmonsters, uitstallings oor die antieke en moderne kopermynbou en plaaslike kunsvlyt.[3] Bronne[wysig | wysig bron] - Dooley, Brendan & Plewman, Nicholas, African Advernturer's Guide To Zambia, Struik Publishers (Pty) Ltd, Cape Town, 2000. - Gordon-Brown, A., The Year Book and Guide to Southern Africa, Howard Timmins, Cape Town, 1965.
<urn:uuid:03b3a8be-2264-437e-9b9d-e8c933c716b1>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Ndola
2019-07-20T05:51:32Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526446.61/warc/CC-MAIN-20190720045157-20190720071157-00266.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998832
false
Atletiek Sommige tale, soos Duits en Russies, verwys na hierdie aktiwiteite as "ligte atletiek" om dit te onderskei van sportsoorte soos stoei en gewigoptel. In Engels word dit gewoonlik "Track and field" genoem. Inhoud GeskiedenisWysig Die oorspronklike en enigste item by die eerste antieke Olimpiese Spele in 776 v.C. was 'n wedren op 'n baan oor die lengte van die stadion. Daar is verskeie ander "spele" in Europa gehou in die klassieke era" - Pan-Hellenistiese spele: - Die Romeinse Spele - Die Romeinse Spele, wat begin is deur die Etruriërs eerder as die Grieke, het wedlope en gooi-items nie so belangrik geag nie. Strydwa-renne en stoei, albei Griekse sportsoorte, asook die Etruriese swaardgeveg met gladiatore, het baie aandag geniet. - Die Tailteaanse Spele (skynbaar in 1829 v.C. begin) - gehou naby waar vandag Telltown in Ierland is, was 'n dertigdaagse byeenkoms met items soos wedrenne en klipgooi-items. Ander volke, soos die Kelte, Teutone en Gote wat die Romeine opgevolg het, het atletiekbyeenkomste geniet. Dit was egter gewoonlik verwant aan vegopleiding. In die Middeleeue is die seuns van edelmanne opgelei in hardloop, spring en stoei, asook perdry, steekspele en wapenopleiding. Wedstryde tussen mededingers en vriende kon algemeen voorgekom het op amptelike en nie-amptelike byeenkomste. Die L'Olympiade de la République is jaarliks van 1796-1798 in die opstandige Frankryk gehou en is beskou as die voorloper van die moderne Olimpiese Somerspele. Die hoofitem van die kompetisie was 'n wedren maar verskeie ander Griekse items is ook aangebied. Die 1796 Olimpiade het ook die begin van die metriese sisteem aan sport bekendgestel. In die 19de eeu het die formele organisering van die moderne items toegeneem - veral in Frankryk, Duitsland en die Verenigde Koninkryk. Dit het die insluiting van gereelde sportsoorte en oefening in skoolsisteme meegebring. Die Koninklike Militêre Kollege in Sandhurst meen (sonder ondersteunende bewyse) dat dit die eerste plek is wat dit ingestel het in 1812 en 1825. Die vroegste opgetekende byeenkoms is by Shrewsbury, Shropshire in 1840 deur die Koninklike Shrewsburyskool georganiseer. Die Koninklike Militêre Kollege by Woolwich het 'n georganiseerde byeenkoms in 1849 gehou, maar die eerste gereelde reeks byeenkomste is deur Exeter Kollege in Oxford gehou.[1] Moderne atletiek-items word gewoonlik rondom 'n hardloopbaan van 400 m georganiseer, waarop die meeste hardloopitems plaasvind. Velditems (spring- en gooi-items) vind gewoonlik plaas op die binneveld binne die baan. Atletiek is in die eerste moderne Olimpiese Spele in 1896 ingesluit en het sedertdien die ruggraat daarvan gevorm. Vroue is eers met die 1928 Spele toegelaat om deel te neem aan baan- en velditems. 'n Internasionale liggaam, die Internasionale Amateur Atletiekfederasie (IAAF) is in 1912 gestig; die huidige naam, die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies, is in 2001 aanvaar. Die IAAF het aparte opelug Wêrelskampioenskappe in 1983 gevestig. Daar is ook 'n aantal streekspele, soos die Europese Kampioenskap, die Pan-Amerikaanse Kampioenskap en die Statebondspele. Verder is daar ook 'n professionele IAAF Goue Liga sirkelgang wat opbou tot die IAAF Wêreldatletiekfinaal, asook binnenshuise kampioenskappe soos die Wêreldbinnenshuise Kampioenskap. Die sport het 'n baie hoë profiel gedurende groot kampioenskappe, veral die Olimpiese Spele, maar is andersinds minder gewild. In Suid-Afrika word die sportsoort gereguleer deur Atletiek Suid-Afrika (ASA). Die belangrikste Suid-Afrikaanse atletiekkompetisie is die Geelbladsye-reeks wat jaarliks gehou word. Daar is ook verskeie landlope en padwedlope wat deur ASA gereguleer word. AtletiekseisoeneWysig In die noordelike halfrond is daar normaalweg 'n binnenshuise atletiekseisoen (gedurende die Europese winter) en 'n opelugseisoen (gedurende die Europese somer). In Suid-Afrika is daar nie 'n binnenshuise seisoen nie en 'n atletiekjaar strek van Januarie tot Augustus. Binnenshuise atletiekWysig Die meeste binnenshuise atletiekbane is 200 m lank en bestaan uit 8 bane. Daar is ook sekere bane wat 150 m lank is en selfs sommiges so klein as 120 m. Party "groot bane" (groter as 200 m) is gewild onder Amerikaanse atlete ten spyte van die feit dat dit nie geldig is vir die opstel van rekords nie. Die draaie van 'n binnenshuise baan is dikwels teen 'n skuinste om op te maak vir die klein radius van die draai. In 'n binnenshuise atletiekbyeenkoms neem atlete aan die gewone items soos by 'n opelugbyeenkoms deel, met die uitsondering van die 100 m, 100 m/110 m hekkies (wat vervang word deur 55 m of 60 m naellope of 55 m en 60 m hekkies), die 10 000 m wedloop, 3 000 m hinderniswedloop en die 400 m hekkies. Binnenshuise byeenkomste het die toevoeging van 'n 3 000 m wedloop in plaas van die 10 000 m wedloop. Die 5 000 m is normaalweg die langste item wat binnenshuis gehardloop word, maar daar was kere wat daar langer items gehardloop is. In die middel van die 20ste eeu was daar 'n "tweestryd"-wedloop op die binnenshuise baan van Madison Square Garden, waar twee mans 'n marathon van 42,2 km gehardloop het maar sulke gebeure is baie skaars. In velditems is daar gewoonlik die hoogspring, paalspring, verspring, driesprong en gewigstoot. Weens beperkte spasie vind hierdie items in die binneveld van die baan plaas. Die langer gooie van spiesgooi, hamergooi en skyfwerp vind gewoonlik slegs in die opelugbyeenkomste plaas omdat daar nie spasie by 'n binnenshuise byeenkoms is nie. Ander items wat uniek is aan binnenshuise byeenkomste (veral in Noord-Amerika) is die 300 m, 600 m, 1 000 m en gewigstoot (16 kg gewig). In sekere lande, vernaam Noorweë, word verspring en hoogspring van 'n staande posisie ook beslis, selfs in hulle nasionale kampioenskappe. Vir atlete wat aan multi-items deelneem is daar die vyfkamp vir vroue wat bestaan uit 60 m hekkies, hoogspring, gewigstoot, verspring en 800 m, en die sewekamp vir mans wat bestaan uit 'n 60 m nealloop, verspring, gewigstoot, hoogspring, 60 m hekkies, paalspring en 1 000 m. OpelugatletiekWysig Die meeste bane vir opelugatletiek is ovaalvormig en 400 m in omtrek. Moderne "tartanbane" en die nuwe "mondobane" word gemaak met 'n rubberige oppervlak; ouer bane was bedek met 'n laag sintel (steenkoolas). Die atletiekbane bestaan gewoonlik uit 6 tot 10 bane (tot soveel as 12 in die pylvak) en baie sluit ook 'n hindernisbaan, met 'n waterput op een draai, in. Die hindernisput kan binne of buite die baan wees wat 'n nouer of wyer draai tot gevolg sal hê. In Suid-Afrika omring atletiekbane dikwels 'n rugby- of sokkerveld, wat gewoonlik met gras bedek is. Alle velditems kan op die binneveld beslis word maar soms word spiesgooi, hamergooi en skyfwerp buite die baan beslis omdat dit baie spasie nodig het, dit kan die binneveld beskadig en die implemente kan dalk op die baan beland. Sekere binnevelde word spesifiek gebruik vir hierdie items, wat meebring dat die spiesgooiatleet 'n langer aanloop kan neem oor die bane van die atletiekbaan. ItemsWysig Hardloop- en stapitemsWysig Die hardloopitems wat normaalweg op 'n baan beslis word (400 m, behalwe binnenshuis): NaellopeWysig Naellope is items tot en met 400 m. Dit sluit in: - 50 meter (slegs binnenshuis) - 55 meter (slegs binnenshuis) - 60 meter (slegs binnenshuis) - 100 meter - 150 meter (vir laerskoolleerlinge) - 200 meter - 300 meter (in baie uitsonderlike gevalle in die opelug) - 400 meter MiddelafstandeWysig Middelafstande is items wat verder as naellope is tot en met 3000 m. Dit sluit in: - 800 meter - 1 000 meter (In baie uitsonderlike gevalle in die opelug) - 1 200 meter (vir laerskoolleerlinge) - 1 500 meter - 3 000 meter - 3 000 meter hinderniswedloop LangafstandeWysig Langafstande is items verder as 3000 m. Dit sluit in: - 5 000 meter - 10 000 meter HekkiesWysig Hekkies is items waar atlete oor ewe ver verspreide versperrings moet spring gedurende 'n wedloop. Dit sluit in: - 60 meter (slegs binnenshuis) - 100 meter (vroue) - 110 meter (mans) - 400 meter AfloswedlopeWysig Afloswedlope is items waar atlete in spanne van vier deelneem en 'n metaalstaaf vir mekaar moet aangee. Dit sluit in: - 4 x 100 meter - 4 x 400 meter - 4 x 800 meter Party items soos mengelmoes-afloswedlope, word selde gehardloop (gewoonlik slegs by groot skoolbyeenkomste). Dit sluit in: - Naelloop mengelmoes: 400 meter, 2 x 200 meter en 800 meter; of 200 meter, 2 x 100 meter en 400 meter - Afstandsmengelmoes: 1200 meter, 400 meter, 800 meter en 1600 meter PadwedlopeWysig Padwedlope word op die oop pad beslis en eindig meestal op die baan. Dit sluit in: - 10 km - 20 km - Halfmarathon (21,0975 km) - Marathon (42,195 km) StapitemsWysig Stapitems word op die baan of op die pad beslis. Dit sluit in: - 10 km - 20 km - 50 km VelditemsWysig Gooi-itemsWysig - Gewigstoot - Hamergooi - Skyfwerp - Spiesgooi SpringitemsWysig - Driesprong - Hoogspring - Paalspring - Verspring Die volgende items word soms ook om meegeding maar is skaars: - Staande driesprong - Staande hoogspring - Staande verspring Veelvuldige-item kompetisiesWysig Veelvuldige-item kompetisies sluit baan- en velditems in. Vyfkamp (Opelug)Wysig Die opelug vyfkamp sluit die volgende items in: - Verspring - Spiesgooi - 200 meter - Skyfwerp - 1500 meter Die opelug vyfkamp word selde in kompetisies gebruik alhoewel dit steeds dikwels wêreldwyd voorkom. Vyfkamp (Binnenshuis)Wysig Die binenshuise vyfkamp is 'n kompetisie vir vroue en bestaan uit die volgende items: - 60 meter hekkies - Hoogspring - Gewigstoot - Verspring - 800 meter Sewekamp (Opelug)Wysig Die opelug sewekamp is 'n kompetisie vir vroue en bestaan uit die volgende items: - 100 meter hoëhekkies - Hoogspring - Gewigstoot - 200 meter - Verspring - Spiesgooi - 800 meter Sewekamp (Binnenshuis)Wysig Die binnenshuise sewekamp is 'n kompetisie vir mans en bestaan uit die volgende items: - 60 meter - Verspring - Gewigstoot - Hoogspring - 60 meter hekkies - Paalspring - 800 meter Tienkamp (Vroue)Wysig In groot byeenkomste neem vroue deel aan die sewekamp i.p.v. die tienkamp maar daar is 'n tienkamp-item vir vroue wat uit die volgende items bestaan: Tienkamp (Mans)Wysig Die tienkamp is ontwerp om 'n atleet se krag, spoed, stamina, uithouvermoë en deursettingsvermoë te beproef en bestaan uit die volgende items: ReëlsWysig BaanitemsWysig Die reëls vir die baanitems van atletiek soos waargeneem in die meeste internasionale atletiekkompetisies word vasgestel deur die IAAF. Die mees onlangse stel reëls is die 2009-reëls wat slegs van toepassing is op kompetisies in 2009.[2] Die belangrikste reëls vir baanitems is die wegspring, hardloop en eindiging van wedlope. Die wegspringWysig Die wegspringplek van 'n wedloop is gemerk met 'n 5 cm wye wit streep. In alle wedlope waar elke atleet nie sy eie baan het nie, is die wegspringstreep in 'n boog sodat alle atlete dieselfde afstand van begin tot einde hardloop.[3] Wegspringblokke moet vir alle naellope (tot en met 400 m) gebruik word (dit sluit die eerste been van die 4 x 200 m en 4 x 400 m afloswedlope in) en mag vir geen ander wedloop gebruik word nie. Geen deel van die wegspringblok mag bo-oor die wegspringstreep of in 'n anderbaan gaan nie.[4] Alle wedlope moet deur verslag van die afsitter se geweer of ander goedgekeurde apparaat wat opwaarts vuur sodra vasgestel is dat die atlete gereed en in die korrekte posisie is.[5] Geen atleet mag aan die wegspringstreep of die baan voor die streep raak met sy hande óf voete wanneer die atleet in gereedheid staan nie.[6] By die meeste internasionale kompetisies is die afsitter se bevele in sy eie taal, Engels of Frans en in alle naellope is die terme: "Op u merke" en "gereed". Wanneer alle atlete "gereed" is word die geweer, of 'n goedgekeurde apparaat, afgevuur.[6] Indien die afsitter voel dat die atlete nie reg is nie kan hy hulle terug roep van die wegspringblokke en moet die proses van voor af begin. Foutiewe wegspring: nadat 'n atleet in die finale gereedheidsposisie beweeg het, mag hy nie met sy wegspringbeweging begin voordat die afsitter, of goedgekeurde apparaat, se skoot afgegaan het nie. Indien dit vir die afsitter lyk of 'n atleet te vroeg weggespring het word dit beskou as 'n foutiewe wegspring. 'n Foutiewe wegspring kan wees dat die atleet nie die bevele ("Op u merke", "gereed") van die afsitter nakom na 'n redelike tyd nie; of indien 'n atleet na die "Op u merke" bevel die aandag van ander atlete aflei deur klank of andersinds.[7] Enige atleet wat 'n foutiewe wegspring begaan het moet gewaarsku word.[8] Die wedloop selfWysig In alle wedlope wat in bane beslis word moet elke atleet in sy vasgestelde baan van begin tot einde bly. Dit geld ook enige deel van wedlope wat in bane gehardloop word. Indien 'n atleet buite die vasgestelde baan beweeg, word hy gediskwalifiseer.[9] Enige atleet wat 'n ander atleet hinder of stamp sodat dit sy vordering nadelig beïnvloed, behoort van daardie item gediskwalifiseer te word.[10] Indien 'n atleet egter deur 'n ander atleet gestamp of gehinder is om buite sy baan te hardloop, en daar het geen voordeel van gekom nie, behoort die atleet nie gediskwalifiseer te word nie. Die eindeWysig Die einde van die wedloop word gemerk deur 'n 5 cm wye streep.[11] Die atlete moet geplaas word in die volgorde waarvolgens enige deel van hulle bolyf (borskas) (dit word onderskei van die kop, nek, arms, bene, hande of voete) oor die wenstreep gaan.[12] 'n Gelykopuitslag tussen atlete word soos volg hanteer: wanneer vasgestel word dat daar 'n gelykopuitslag is wanneer atlete moet kwalifiseer vir die volgende rondte op grond van hulle tye, word die hooffoto-eindebeoordelaar ingeroep en moet hy die werklike tye van die atlete tot 1/1 000ste van 'n sekonde inagneem. Indien die beoordelaar bevind dat dit 'n gelykopuitslag is, moet die atlete wat gelyk geëindig het in die volgende rondte geplaas word. Indien dit nie moontlik is nie moet lootjies getrek word om te bepaal wie in die volgende rondte sal deelneem. In die geval van 'n gelykopuitslag vir die eerste plek moet die skeidsregter besluit of dit moontlik is vir die atlete om weer teen mekaar te hardloop om te bepaal wie wen. Indien hy bevind dat dit nie moontlik is nie staan die gelykopuitslag. Gelykopuitslae vir die ander plekke bly staande. Sien ookWysig VerwysingsWysig - Oxford Companion to Sports and Games, ed. J.Arlott, O.U.P. (1975) - Opneming van veranderinge deur die IAAF-raad goedgekeur deur 2008- bl. 5, 2009 Reëlboek, [1]. - IAAF Reël 162.1, van hoofstuk 5, ‘Tegniese reëls’, Afdeling III van ‘Baanitems’. - IAAF Reël 161 - IAAF Reël 161.2 - IAAF Reël 161.3 - IAAF Reël 161.6 - IAAF Reël 161.7 - IAAF Reël 163.3 - IAAF Reël 163.2 - IAAF Reël 164.1 - IAAF Reël 164.3 Eksterne skakelsWysig Wikimedia Commons bevat media in verband met Athletics. | - Die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) se webtuiste - Lyste van wêreldrekords - Atletiek Suid-Afrika se webtuiste Olimpiese somersporte | ||| ---|---|---|---| Somerspele: Atletiek · Basketbal · Boks · Boogskiet · Driekamp · Fietsry (Bergfietsry · BMX · Bergfietsry · Pad) · Gewigoptel · Gholf · Gimnastiek (Artistiek · Ritmies · Trampolien) · Handbal · Judo · Kanovaart (Slalom · Snel) · Moderne vyfkamp · Ruitersport (Dressuur · Driefasekompetisie · Spring) · Pluimbal · Roei · Seiljagwedvaart · Sewesrugby · Skermsport · Skyfskiet · Sokker · Stoei (Grieks-Romeins · Vrystyl) · Taekwondo · Tafeltennis · Tennis · Veldhokkie · Vlugbal (Strandvlugbal) · Watersport (Gesinchroniseerde swem · Sierduik · Swem · Waterpolo) |
<urn:uuid:2df9adff-e8b6-4ffd-ba50-1c0a60edf83f>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Atletiek
2019-07-22T18:36:11Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528208.76/warc/CC-MAIN-20190722180254-20190722202254-00026.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999968
false
Venus - Hierdie artikel handel oor die planeet Venus. Vir ander betekenisse van die naam, sien Venus (dubbelsinnig). Venus, die tweede planeet vanaf die Son, is vernoem na die Romeinse godin, Venus. Die planeet toon baie ooreenkomste met die Aarde ten opsigte van sy grootte en massale samestelling. Al die planete se wentelbane is ellipties maar Venus se baan is die naaste aan 'n sirkel met 'n middelpuntafwyking van minder as 1%. Venus, soos waargeneem deur die Mariner 10-wenteltuig. | |||||||||| Wentelbaaneienskappe | |||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Epog J2000 | |||||||||| Afelium | 108 942 109 km 0.728 231 28 AE | ||||||||| Perihelium | 107 476 259 km 0.718 432 70 AE | ||||||||| Semihoofas | 108 208 930 km 0.723 332 AE | ||||||||| Wentelperiode | 224.700 69 dae 0.615 197 0 jare 1,92 Venus solar dae | ||||||||| Sinodiese periode | 583.92 dae[1][2] | ||||||||| Gem. omwentelingspoed | 35,02 km/s | ||||||||| Hellingshoek | 3,394 71° (tot Ekliptika) 3,86° (tot die son se ewenaar) 2.19° (tot onveranderbare vlakte)[3] | ||||||||| Lengteligging van stygende nodus | 76.670 69° | ||||||||| Periheliumhoek | 54.852 29° | ||||||||| Natuurlike satelliete | 0 | ||||||||| Fisiese eienskappe Radius by ewenaar | 6 051,8 ± 1,0 km (0,949 9 Aardes) | ||||||||| Oppervlakte | 4,60×108 km2 (0,902 Aardes) | ||||||||| Volume | 9,38×1011 km3 (0.866 Aardes) | ||||||||| Massa | 4,868 5×1024 kg (0,815 Aardes) | ||||||||| Gem. digtheid | 5,204 g/cm3 | ||||||||| Oppervlak- aantrekkingskrag | 8,87 m/s2 0,904 g | ||||||||| Ontsnapping- snelheid | 10,46 km/s | ||||||||| Sideriese rotasieperiode | 243,018 5 dae | ||||||||| Rotasiespoed by ewenaar | 6,52 km/h 1,81 m/s | ||||||||| Ashelling | 177,3°[1] | ||||||||| Regte styging van noordpool | 18 h 11 min 2 s 272,76°[4] | ||||||||| Deklinasie | 67,16° | ||||||||| 0,67 (geometries)[5] 0,90 (Bond)[5] | |||||||||| Oppervlak-temp. Kelvin Celsius | Skynmagnitude | −4,9[8][9] tot −3,8[10] | ||||||||| Hoekgrootte | 9,7"–66,0"[1] | ||||||||| Atmosfeer | |||||||||| Oppervlakdruk | 93 bar 9,3 MPa | ||||||||| Samestelling | ~96,5% Koolstofdioksied spore van Waterstoffluoried | Venus is nader aan die Son as die Aarde en daarom verskyn dit altyd in rigting van die Son aan die hemelruim. Van die aarde gesien is die grootste hoek (waarnemershoek) wat Venus en die Son in die hemelruim vorm , 47.8 °). Venus word dus gewoonlik 'n paar uur voor sonsopkoms of 'n paar uur na sonsondergang gesien. Wanneer Venus op sy helderste is kan dit selfs in die dag sigbaar wees wat dit een van twee hemelliggame buiten die son maak wat beide in die dag en nag sigbaar kan wees. Daar word dikwels na Venus as die môrester of die aandster verwys en is buiten die maan die helderste voorwerp in die naghemel. Die siklus tussen 'n maksimum waarnemershoek en die daaropvolgende een duur 584 dae. Na hierdie 584 dae verstryk is Venus op 'n posisie 72 grade weg van die vorige een af. Aangesien 5 * 584 = 2920 wat gelykstaande is aan 8 * 365 (Aantal dae in aardjaar) sal Venus elke 8 jaar (minus die twee skrikkeldae) op dieselfde punt in die hemel verskyn. Hierdie siklus het in antieke Egipte as die Sothis-siklus bekend gestaan. Interessant genoeg is die getal 2920 ook byna gelykstaande aan presies 99 maanomwentelinge wat 29.5 dae duur. Venus se unieke bewegings was al rondom 1600 v.C. bekend aan die antieke Babiloniërs en aan die Maja beskawing (wat 'n godsdienstige kalender ontwikkel het gebaseer op die bewegings van Venus). Die Masai stam in Afrika het die planeet Kileken gedoop na 'n mite daaroor genaamd "Die Weeskind". Sint Jerome het Venus, Lucifer gedoop, die gevalle engel wat volgens Christelike geskrifte uit die hemel gewerp is. Die sterrekundige simbool van Venus word ook in Biologie gebruik vir die vroulike geslag. Dit verteenwoordig die godin Venus se handspieël: 'n sirkel met 'n kruisie daaronder. Die simbool verteenwoordig ook vroulikheid en die antieke alchemiste het dit gebruik om koper te verteenwoordig. Daar word ook soms beweer dat die verband met geslag en vroulikheid te make het met die 266 dae tydsinterval tussen die minimum- en maksimumwaarnemershoek van Venus, wat min of meer ooreenstem met die tydsduur van 'n menslike swangerskap. Inhoud Fisiese kenmerkeWysig AtmosfeerWysig Venus het 'n atmosfeer wat hoofsaaklik uit koolstofdioksied en 'n klein hoeveelheid stikstof bestaan, met 'n atmosferiese druk by die oppervlak wat 90 keer groter is as die van die aarde ('n druk gelyk aan 'n diepte van 1 kilometer onder die Aarde se oseane). Hierdie enorme CO2-ryke atmosfeer veroorsaak 'n sterk kweekhuis-effek en gevolglike uiterste oppervlaktemperature van so hoog as 500 °C in laagliggende dele op die planeet se ewenaar. Dit maak Venus se oppervlak warmer as dié van Mercurius al is Venus bykans dubbel die afstand vanaf die son en ontvang dit dus slegs ongeveer 25% van die straling (2613.9 W/m2 in die bolaag van die atmosfeer en slegs 1071.1 W/m2 by die oppervlak). As gevolg van die termiese traagheid en konveksie in sy digte atmosfeer wissel die dag- en nagtemperature op venus nie so dramaties nie ten spyte daarvan dat Venus se omwenteling om sy as bykans 'n volle Venusjaar neem, wat beteken dat Venus se oppervlak maar teen 'n skamele 6.5 km/h draai. Die son se straling op die oppervlak is baie laag as gevolg van die planeet se baie dik wolkbedekking wat die meeste sonlig weer in die ruimte in terug weerkaats. Venus se bolometriese weerkaatsingsvermoë is ongeveer 60% en sy sigbare lig weerkaatsingsvermoë is selfs groter. Die winde in die bolaag van die atmosfeer is sterk (300 km/h) maar by die oppervlak is die windspoed baie laer en gewoonlik maar 'n paar kilometer per uur. Die wolke bestaan hoofsaaklik uit swaeldioksied- en swaelsuurdruppels en bedek die planeet geheel en al, wat enige besonderhede van die oppervlak onsigbaar maak vir die menslike oog. Die temperatuur bo-op hierdie wolke is ongeveer −45 °C. Die gemiddelde oppervlaktemperatuur van Venus, soos deur NASA aangegee, is 464 °C. Die minimum temperatuur in die tabel aangegee is vir die bokant van die wolke en nie die oppervlak nie waar die temperatuur nooit laer as 400 °C val nie. (Hierdie temperatuur is voldoende om lood te smelt.) OppervlakWysig Op Venus kan twee groot kontinentagtige hooglande onderskei word. Op die noordelike hoogland wat Ishtar Terra heet en ongeveer so groot as Australië is, word baie berge aangetref. Die hoogste punt is Maxwell Montes wat ongeveer 10 km bo die omliggende land uittroon. In die suidelik halfrond lê Aphrodite Terra wat in grootte vergelykbaar is met Suid-Amerika. Tussen hierdie hooglande word diepliggende dele gevind soos Atalanta Planitia, Guinevere Planitia en Lavinia Planitia. Die digte atmosfeer sorg daarvoor dat die meeste meteoriete opbreek voordat dit die oppervlak bereik en daarom is daar nouliks enige kraters op die Venus te vind. Oor die hele planeet heen kan groot afgeplatte vulkane gevind word. Met die uitsondering van Maxwell Montes is alle berge, vlaktes en ander geologiese strukture na werklike en mitologiese vroue vernoem. TriviaWysig VerwysingsWysig - Williams, David R. (15 April 2005). "Venus Fact Sheet". NASA. Besoek op 2007-10-12. - Lorenz, Ralph D.; Lunine, Jonathan I.; Withers, Paul G.; McKay, Christopher P. (2001). "Titan, Mars and Earth: Entropy Production by Latitudinal Heat Transport" (PDF). Ames Research Center, University of Arizona Lunar and Planetary Laboratory. Besoek op 2007-08-21. - "The MeanPlane (Invariable plane) of the Solar System passing through the barycenter". 2009-04-03. Besoek op 2009-04-10. (gemaak met Solex 10 geskryf deur Aldo Vitagliano) - "Report on the IAU/IAG Working Group on cartographic coordinates and rotational elements of the planets and satellites". International Astronomical Union. 2000. Besoek op 2007-04-12. - (2006) “Venus phase function and forward scattering from H2SO4”. Icarus 182 (1): 10–22. doi:10.1016/j.icarus.2005.12.014. - "Venus: Facts & Figures". NASA. Besoek op 2007-04-12. - "Space Topics: Compare the Planets: Mercury, Venus, Earth, The Moon, and Mars". Planetary Society. Besoek op 2007-04-12. - Mallama, A. (2011). “Planetary magnitudes”. Sky and Telescope 121 (1): 51–56. - "HORIZONS Web-Interface for Venus (Major Body=299)". JPL Horizons On-Line Ephemeris System. 2006-02-27 (GEOPHYSICAL DATA). Besoek op 2010-11-28. Gaan datum na in: |date= (help) - Espenak, Fred (1996). "Venus: Twelve year planetary ephemeris, 1995–2006". NASA Reference Publication 1349. NASA/Goddard Space Flight Center. Besoek op 2006-06-20. Eksterne skakelsWysig Wikimedia Commons bevat media in verband met Venus (planet). | - Arnett, Bill (2005). Venus - Europese Ruimteagentskap (2005). Venus Express overview - Grayzeck, Ed (2004). Venus Fact Sheet. NASA - Grieger, Bjoern (2004). Picture “Real Venus” - The Maya Astronomy Page (2002). Venus - Mitchell, Don P. (2004). The Soviet Exploration of Venus - Rosenthal, David. (2003). The Southernmost Rise of Venus at Uxmal, 1997 - Vienna University of Technology (2004). Venus Three-Dimensional Views - Sjabloon:Journal reference issue [1] - 3D VRML Venus globe Die Sonnestelsel | ---| Son • Mercurius • Venus • Aarde • Mars • Ceres • Jupiter • Saturnus • Uranus • Neptunus • Pluto • Haumea • Makemake • Eris | Mane: Aarde • Mars • Asteroïdies • Jupiter • Saturnus • Uranus • Neptunus • Pluto • Haumea • Eris • Ringe: Jupiter • Saturnus • Uranus • Neptunus | Planete • Dwergplanete • Kleinplanete Meteoroïdes • Asteroïdes • Asteroïdegordel • Sentoure • Trans-Neptunus-voorwerpe • Kuipergordel • Verstrooide skyf • Komete • Hillswolk • Oortwolk |
<urn:uuid:12b9ebd4-fb1a-41cc-8499-270ba398a753>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Venus
2019-07-22T18:29:54Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528208.76/warc/CC-MAIN-20190722180254-20190722202254-00026.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999032
false
Hulp Kategorie:Gebruiker bg-2 in Wikipedia, die vrye ensiklopedie Jump to navigation Jump to search Wikimedia Commons bevat media in verband met Gebruiker bg-2 . Hierdie kategorie bevat geen bladsye of media nie. Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Kategorie:Gebruiker_bg-2&oldid=1537415 " Kategorie : Gebruiker bg Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Kategorie Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Ander projekte Wikimedia Commons Wikidata Wiktionary Druk/eksporteer Skep boek Laai af as PDF Drukbare weergawe Gereedskap Skakels hierheen Verwante veranderings Spesiale bladsye Permanente skakel Bladinligting Wikidata-item Ander tale Аҧсшәа Aragonés Asturianu Azərbaycanca Беларуская (тарашкевіца) Brezhoneg Bosanski Català کوردی Словѣньскъ / ⰔⰎⰑⰂⰡⰐⰠⰔⰍⰟ Cymraeg Dansk Deutsch Ελληνικά English Esperanto فارسی Suomi Français Magyar Italiano 日本語 Қазақша 한국어 Ladino Македонски Nederlands Norsk Diné bizaad Ирон Polski Piemontèis Português Română Русский Simple English Slovenčina Slovenščina Shqip Tagalog Türkçe Татарча/tatarça Українська Oʻzbekcha/ўзбекча Volapük Walon 中文 粵語 Wysig skakels Die bladsy is laas op 20 Maart 2017 om 15:53 bygewerk. Die teks is beskikbaar onder die lisensie Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel . Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting. Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:ee2886e7-c1f2-4b96-880e-64c7ef2b3ca7>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Gebruiker_bg-2
2019-07-16T12:50:42Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524548.22/warc/CC-MAIN-20190716115717-20190716141717-00370.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.986406
false
Hulp Bladsye wat na "Pous Evaristus" skakel ← Pous Evaristus Jump to navigation Jump to search Skakels hierheen Bladsy: Naamruimte: alle (Hoof) Bespreking Gebruiker Gebruikerbespreking Wikipedia Wikipediabespreking Lêer Lêerbespreking MediaWiki MediaWikibespreking Sjabloon Sjabloonbespreking Hulp Hulpbespreking Kategorie Kategoriebespreking Portaal Portaalbespreking Module Module talk Gadget Gadget talk Gadget definition Gadget definition talk Omgekeerde seleksie Filters Versteek insluitings | Versteek skakels | Versteek aansture Die volgende bladsye skakel na Pous Evaristus : Wys (vorige 50 | volgende 50 ) ( 20 50 100 250 500 ). Pous Gregorius XIII ( ← skakels wysig ) 105 ( ← skakels wysig ) 106 ( ← skakels wysig ) 98 ( ← skakels wysig ) Pous ( ← skakels wysig ) Pous Benedictus XVI ( ← skakels wysig ) Pous Johannes Paulus II ( ← skakels wysig ) Simon Petrus ( ← skakels wysig ) Lys van pouse ( ← skakels wysig ) Pous Pius IV ( ← skakels wysig ) Sjabloon:Pouse ( ← skakels wysig ) Pous Linus ( ← skakels wysig ) Pous Anacletus I ( ← skakels wysig ) Pous Clemens I ( ← skakels wysig ) Pous Johannes II ( ← skakels wysig ) Pous Alexander I ( ← skakels wysig ) Pous Sixtus I ( ← skakels wysig ) Pous Telesforus ( ← skakels wysig ) Pous Higinus ( ← skakels wysig ) Pous Pius I ( ← skakels wysig ) Pous Anicetus ( ← skakels wysig ) Pous Soter ( ← skakels wysig ) Pous Eleuterus ( ← skakels wysig ) Pous Victor I ( ← skakels wysig ) Pous Zefirinus ( ← skakels wysig ) Sjabloonbespreking:Pouse ( ← skakels wysig ) Pous Callixtus I ( ← skakels wysig ) Pous Urbanus I ( ← skakels wysig ) Pous Pontianus ( ← skakels wysig ) Pous Anterus ( ← skakels wysig ) Pous Fabianus ( ← skakels wysig ) Pous Cornelius ( ← skakels wysig ) Pous Lucius I ( ← skakels wysig ) Pous Stefanus I ( ← skakels wysig ) Pous Sixtus II ( ← skakels wysig ) Pous Dionisius ( ← skakels wysig ) Pous Felix I ( ← skakels wysig ) Pous Eutichianus ( ← skakels wysig ) Pous Gajus ( ← skakels wysig ) Pous Marcellinus ( ← skakels wysig ) Pous Marcellus I ( ← skakels wysig ) Pous Eusebius ( ← skakels wysig ) Pous Miltiades ( ← skakels wysig ) Pous Silvester I ( ← skakels wysig ) Pous Markus ( ← skakels wysig ) Pous Julius I ( ← skakels wysig ) Pous Liberius ( ← skakels wysig ) Pous Damasus I ( ← skakels wysig ) Pous Siricius ( ← skakels wysig ) Pous Anastasius I ( ← skakels wysig ) Wys (vorige 50 | volgende 50 ) ( 20 50 100 250 500 ). Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Pous_Evaristus " Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Gereedskap Spesiale bladsye Drukbare weergawe Ander tale Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:2d905831-d9d3-405f-9556-1ed77ea5ae05>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Pous_Evaristus
2019-07-16T12:29:40Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524548.22/warc/CC-MAIN-20190716115717-20190716141717-00370.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998504
false
Die verdwying van ''Die Suiderstem'' het beteken dat sedert [[1950]], toe ''[[Die Volkstem]]'' in [[Johannesburg]] gesluit het, daar nêrens in [[Suid-Afrika]] twee Afrikaanse dagblaaie in dieselfde stad uitgegee is wat verskillende politieke partye ondersteun het nie. Trouens, van daardie datum af tot ongeveer [[1994]] het alle Afrikaanse dagblaaie die [[Nasionale Party]] ondersteun. Tans bestaan die situasie dat alle Afrikaanse dagblaaie in [[Suid-Afrika]] aan een mediagroep ([[Naspers]]) behoort. Die enigste Afrikaanse dagblad enige plek ter wêreld wat nie geheel en al aan [[Naspers]] behoort nie, is die [[Republikein]] in [[Windhoek]], waarin [[Naspers]] in September [[2007]] 'n 50%-aandeel gekoop het. [[Lêer:Taalakker Suiderstem.jpg|thumb|240px|regs|'n Advertensie in die 1937-jaarboek van die Afrikaanse Skrywerskring vir "Op ons taalakker" in ''Die Suiderstem''.]]
<urn:uuid:a9c95f11-58a2-4451-b511-f36b43642677>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/937462
2019-07-17T17:24:06Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525355.54/warc/CC-MAIN-20190717161703-20190717183703-00530.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999114
false
Konstantinopel Inhoud Oorsprong[wysig | wysig bron] Bisantium was oorspronklik 'n Griekse stad wat in 66 v.C. deur kolonialiste uit Megara gestig is. Volgens legende het hulle die stad Bisantion genoem na hulle koning Bisas. Bisantium is die Latynse vorm. Vir 'n lang tyd was Bisantium 'n welvarende Griekse stadstaat totdat dit deur die Masedoniërs verower is. Toe Masedonië enkele eeue later deur die Romeine verslaan is, het Konstantinopel 'n belangrike stad in die Romeinse Ryk geword. Die stad het Pescennius Niger se kant gekies in sy stryd om die Romeinse keiserskap en is van 193-195 deur sy teenstander, Septimius Severus, beleër. Die stad is ernstig beskadig in die beleg, maar toe Septimius Severus keiser word, het hy die stad herbou. Hoofstad van die Romeinse Ryk[wysig | wysig bron] Keiser Konstantyn die Grote wou die hoofstad van die Romeinse Ryk na die belangriker ooste van die ryk skuif en is getref deur die geskikte ligging van die stad. In 330 word Bisantium amptelike herdoop tot Nova Roma ("Nuwe Rome"), maar die naam vind nie byval nie en word gou bekend onder die naam Konstantinopolis (Grieks vir stad van Konstantyn). Dit word die nuwe hoofstad van die Romeinse Ryk, hoewel Rome nog vir 'n rukkie sy politieke en ekonomiese status behou. Konstantinopel is van 395 af 65 jaar lank die hoofstad van die Romeinse Ryk. Met die dood van Theodosius I, toe die ryk finaal tussen oos en wes verdeel word, word Konstantinopel die hoofstad van die Oos-Romeinse Ryk (Bisantynse Ryk). Dit word voortdurend uitgebrei en verfraai deur die opeenvolgende keisers. Veral Justinianus het baie grootse geboue opgerig. Die stad was tydens die vroeë en middel-Middeleeue een van die grootste stede ter wêreld. Omstreeks 500 het dit sowat 500 000 inwoners, maar tydens die verskriklike epidemie van 541 sterf omtrent twee derdes van hulle. Later herstel die stad, maar dit is twyfelagtig of daar tydens die Middeleeue ooit weer 500 000 inwoners was. Met sowat 300 000 inwoners is Konstantinopel, wat deur die Griekssprekendes "I Polis" (Die Stad) genoem is, eeue lank die grootste stad in Europa. Die kulturele lewe van die Bisantynse Ryk is grootliks in die hoofstad gekonsentreer. Grieks kry die oorhand oor Latyn en die bevolking is hoofsaaklik Ortodoks-christelik. Dogmatiese verskille sorg vir konflik sowel binnelands as met ander wêrelddele. Perderenne in die groot Hippodroom was 'n belangrike vorm van sport en tydverdryf. In 1204 word Konstantinopel deur die kruisvaarders van die Vierde Kruistog binnegeval en geplunder. Skatte wat deur eeue versamel is, word na Wes-Europa verskeep, vernietig of gesmelt. Die meeste kosbaarhede gaan na Venesië, waar hulle nog gesien kan word. Die Venesiërs was die aanvoorders vir die plundering, want hulle wou die geleentheid gebruik om Konstantinopel as 'n belangrikste handelsentrum uit te skakel. Die stad bly in Latynse hande tot in 1261, waarna die Grieke daarin slaag om die stad te herower. Sedert die herowering is die stad verarm en slaag Konstantinopel nie meer daarin om die handelsroetes om die Swartsee te beheer nie, terwyl sy grootste inkomste vroeër van daar gekom het. Hiermee begin die verval, daar word nie meer gebou nie en party wyke raak selfs verlate. Party geboue word gebruik as boumateriaal. Baie Bisantynse intellektuele en kunstenaars trek na die welvarender Europa, veral Italië, en maak deur hulle kennis van die klassieke oudheid die Renaissance moontlik. Die Val van Konstantinopel[wysig | wysig bron] Die val van Konstantinopel bring nog 'n stroom vlugtelinge na Wes-Europa en dit lei tot die verdere ontwikkeling van die Renaissance. Hoofstad van die Ottomaanse Ryk[wysig | wysig bron] Sultan Mehmet II maak die verowerde stad die hoofstad van die Ottomaanse Ryk en die stad beleef onmiddellik 'n heropbouing. Die skitterende Aya Sophia, die ou Bisantynse katedraal, word in 'n moskee verander. Daar word ook nuwe moskees gebou soos die beroemde Blou Moskee. Die vervalle Bisantynse paleise word gerestoureer en die nuwe Topkapi-paleis, die hoofsetel van die Ottomaanse sultans, word gebou. Baie mense kom na die stad en die handel neem toe. Die Ottomane noem die stad Islambol of İstanbul, maar amptelik gebruik hulle steeds Konstantinopel. Teen 1600 het die stad ongeveer 600 000 inwoners. Dit is teen dié tyd 'n etnies en goedsdienstig gemengde stad. Die meerderheid van die bevolking (± 60%) is Moslems en praat Turks, maar daar is ook 'n groot Grieks-Ortodokse bevolkingsgroep (± 25 %), wat steeds die grootste deel van die handel besit. Die res van die bevolking bestaan uit Jode en Armeniërs. Istanboel ná die val van die Ottomaanse Ryk[wysig | wysig bron] In 1923, toe die Republiek van Turkye gestig word, word die hoofstad van die land na Ankara geskuif. In 1930 word Konstantinopel se naam amptelik in Istanboel verander. Daar is verskillende verklarings vir die naam, maar dis moontlik afgelei van die Griekse ει̉ς τήν πόλιν (eis tèn polin), wat "na" of "in die stad" beteken. Die Grieke het dit in die Bisantynse tyd "Die Stad" genoem. Die val van die Ottomaanse Ryk was traumaties. Die ryk was een van die verloorders van die Eerste Wêreldoorlog en het al sy verowerde gebiede soos Sirië, Palestina en Irak verloor. Boonop was die land in 'n oorlog met Griekeland gewikkel. Toe die Grieke in 1922 verslaan word, is die Griekse minderheid in Turkye swaar vervolg. In 1923 en 1924 het daar 'n grootskaalse verwisseling van die bevolkings van Turkye en Griekeland plaasgevind. Konstantinopel het toe 'n groot deel van sy kosmopolitiese en multikulturele karakter verloor. In 1950 het die stad net meer as 'n miljoen inwoners gehad. Deur die immigrasie van baie boere uit die platteland van Anatolië het die stad baie gegroei. Istanboel het nou sowat 12 miljoen inwoners. Verwysings[wysig | wysig bron] - Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Nederlandse Wikipedia-artikel nl:Constantinopel Bibliografie[wysig | wysig bron] - Bury, J. B. (1958). History of the Later Roman Empire: From the Death of Theodosius I to the Death of Justinian. Dover Publications. - Crowley, Roger (2005). Constantinople: Their Last Great Siege, 1453. Faber and Faber. ISBN 978-0-571-22185-1. - Freely, John; Ahmet S. Cakmak (2004). The Byzantine Monuments of Istanbul. Cambridge University Press. ISBN 978-0-521-77257-0. Aanhaling gebruik verouderde parameter |coauthors= (help) - Gibbon, Edward (2005). The Decline and Fall of the Roman Empire. Phoenix Press. ISBN 978-0-7538-1881-7. - Harris, Jonathan (2007). Constantinople: Capital of Byzantium. Hambledon Continuum. ISBN 978-1-84725-179-4. - Harris, Jonathan (2003). Byzantium and the Crusades. Hambledon and London. ISBN 978-1-85285-501-7. - Freely, John (1998). Istanbul: The Imperial City. Penguin. ISBN 978-0-14-024461-8. - Mansel, Philip (1998). Constantinople: City of the World's Desire, 1453–1924. St. Martin's Griffin. ISBN 978-0-312-18708-8. - Phillips, Jonathan (2005). The Fourth Crusade and the Sack of Constantinople. Pimlico. ISBN 978-1-84413-080-1. - Runciman, Steven (1990). The Fall of Constantinople, 1453. Cambridge University Press. ISBN 978-1-84413-080-1. - Treadgold, Warren (1997). A History of the Byzantine State and Society. Stanford University Press. ISBN 978-0-8047-2630-6.
<urn:uuid:cfb76b21-bbca-40dd-999f-63aef6cf0c4e>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bisantium
2019-07-17T17:04:33Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525355.54/warc/CC-MAIN-20190717161703-20190717183703-00530.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99992
false
Algoabaai Algoabaai | | ---|---| Uitsig oor Algoabaai | | Koördinate: | Koördinate: | Ligging: | Oos-Kaap, Suid-Afrika | Soort: | Baai van die Indiese Oseaan | Maksimum diepte: | 436 m | Uitvloei: | Indiese Oseaan | Eiland/e: | Voëleiland, St Croix-eiland | Nedersettings: | Port Elizabeth | Algoabaai (Engels: Algoa Bay) is 'n groot, wye baai aan die Oos-Kaapse kus, sowat 683 km oos van Kaap die Goeie Hoop. Die baai is op plekke tot 436 meter diep. Die hawestad Port Elizabeth en Coega-nywerheidsontwikkeling is langs die baai geleë. Die baai is in 1486 deur Bartolomeus Dias op sy eerste reis om die Kaap die Goeie Hoop ontdek. Dit bied goeie ankerplek vir skepe, maar die suidoostewind was die oorsaak van baie wrakke totdat die huidige dokke gebou is. Inhoud Sien ookWysig FotogaleryWysig VerwysingsWysig - HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
<urn:uuid:d5fd0247-73af-444d-8b19-5bc6142493f1>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Algoabaai
2019-07-18T23:55:55Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525863.49/warc/CC-MAIN-20190718231656-20190719013656-00130.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999838
false
(uk) Plaas {{uk}} agteraan eksterne skakels om aan te dui dat die webtuiste waarna die skakel wys in Oekraïns geskrywe staan.
<urn:uuid:2c8d459f-1595-4636-95be-31dd46d66974>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Sjabloon:Uk
2019-07-18T23:42:53Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525863.49/warc/CC-MAIN-20190718231656-20190719013656-00130.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
1.000001
false
Mahem Die mahem is 'n redelik algemene standvoël. Hierdie spesie is die enigste kraanvoëls wat in bome kan broei, want hulle kan met die agterste toon om takke vasklou. Om hierdie rede, en 'n paar ander, word geglo dat hierdie relatiewe klein Balearica-kraanvoël die verteenwoordigers is van hulle Gruidae-voorouers. Mahem | |||||||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Bewaringstatus | |||||||||||||||| Wetenskaplike klassifikasie | |||||||||||||||| Binomiale naam | |||||||||||||||| Balearica regulorum Bennett, 1834 | Inhoud IdentifikasieWysig Die mahem is 116 cm hoog en weeg 3,5 kg. Die lyfvere is hoofsaaklik grys. Die vlerke is ook oorwegend wit, maar bevat ook vere met 'n verskeidenheid kleure. Die kop het 'n kroon van stywe goudkleurige vere. Die wange is wit en dit het 'n helderrooi opblaasbare keelsak. Die bek is relatief kort en die bene swart. Die geslagte lyk eenders, hoewel sommige mannetjies effens groter as ander is. Jonges lyk bruiner en hul kuiwe en lelle is swakker ontwikkel. Die mahem se hofmakery in die broeiseisoen bestaan uit danse, spronge en 'n gebuig, terwyl hy die rooi keelsak opblaas en 'n harde geroep laat hoor. Dit maak ook 'n geluid wat baie verskil van die trompetter van ander kraanvoëlspesies. HabitatWysig Hulle hou in swerms op grasveld, landerye en naby vleie en soortgelyke gebiede in hoogliggende streke asook langs die kus. Hul oornag op eilande langs die kus, in rietplate by riviermondings en in bome. Swerf rond wanneer hulle nie nes maak nie. Soos alle kraanvoëls vreet hulle insekte, klein reptiele en ander kleinerige diere. Die nes bestaan uit 'n platform van gras en ander plantmateriaal in hoë vleiland plantegroei. Die mahem lê 2 tot 5 eiers en albei geslagte maak beurte om dit uit te broei. Die proses duur tussen 28 en 31 dae, en die kleintjies verlaat die nes binne 56 tot 100 dae. Hoewel die mahem steeds algemeen voorkom in baie van sy gebiede, staar dit bedreiging in die gesig, as gevolg van die uitwissing van sy habitat deur die dreinering en oorbeweiding, asook gifbesoedeling. VerspreidingWysig Daar is twee subspesies. Die Oos-Afrikaanse B. r. gibbericeps kom voor in 'n gebied wat strek vanaf die oostelike Demokratiese Republiek van die Kongo deur Uganda en Kenia na die oostelike deel van Suid-Afrika. Dit het 'n groter kaal, rooi gesigvel bokant die wit kol op die wang as die ander, B. r. regulorum , wat vanaf die suide van Angola tot in Suid-Afrika voorkom. Die mahem is die nasionale voël van Uganda en word op hulle nasionale vlag uitgebeeld. GeluidWysig Sy tweenoot-getrompetter klink soos "ma-hem", vandaar sy naam. Ander nameWysig - Engelse naam: "Grey-Crowned Crane" - Wetenskaplike naam: Balearica regulorum
<urn:uuid:eb27f861-f584-4d91-881a-2776abb78614>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Balearica_regulorum
2019-07-21T10:30:53Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00450.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999985
false
Henri Matisse Henri-Émile-Benoît Matisse (ɑ̃ʁi matis; 31 Desember 1869 – 3 November 1954) was 'n Franse kunstenaar, bekend vir sy gebruik van kleur en sy vloeiende en oorspronklike ontwerptekenkuns. Hy was 'n tekenaar, afdrukmaker en beeldhouer, maar is primêr bekend as 'n skilder.[1] Matisse word algemeen beskou, saam met Pablo Picasso en Marcel Duchamp, as een van die drie kunstenaars wat gehelp het om die rewolusionêre ontwikkelings in die beeldende kunste te definieer tydens die aanvangsdekades van die twintigste eeu, verantwoordelik vir beduidende ontwikkeling in die skilderkuns en beeldhouwerk.[2][3][4][5] Hoewel hy aanvanklik gebrandmerk is as 'n Fauve (Frans vir wilde dier), is hy in die 1920's toenemend geprys as 'n fakkeldraer van die klassieke tradisie in die Franse skilderkuns.[6] Sy bemeestering van die ekspressiewe taal van kleur en tekenwerk, vertoon in 'n versameling van werke wat oor 'n halwe eeu strek, verwerf vir hom erkenning as 'n leidende figuur in moderne kuns.[7] Henri Matisse | | ---|---| Geboortenaam | Henri-Émile-Benoît Matisse | Gebore | 1869 Le Cateau-Cambrésis, Nord | 31 Desember Sterf | 3 November 1954 (op 84) Nice, Alpes-Maritimes | Nasionaliteit | Frans | Veld | Skilderkuns, afdrukmakery, beeldhouwerk, teken, collage | Opleiding | Académie Julian, William-Adolphe Bouguereau, Gustave Moreau | Beweging | Fauvisme, modernisme, impressionisme | Werke | Vrou met hoed (Madame Matisse), 1905 in museums: Beskermhere | Gertrude Stein, Etta Cone, Claribel Cone, Michael en Sarah Stein, Albert C. Barnes | Beïnvloed deur | John Peter Russell, Paul Cézanne, Paul Gauguin, Vincent van Gogh, Paul Signac | Beïnvloed | Hans Hofmann, David Hockney, Tom Wesselmann | Inhoud Vroeë jare en opvoedingWysig Matisse is gebore in Le Cateau-Cambrésis, Nord, Frankryk, as die oudste seun van 'n welvarende graanhandelaar.[8] Hy word groot in Bohain-en-Vermandois, Picardie, Frankryk. In 1887 vetrek hy na Parys om in die regte te studeer. Na hy sy kwalifikasie bekom hy werk as 'n hof administrateur in Le Cateau-Cambrésis. Hy het eers in 1889 begin skilder, na sy ma vir hom kunsbenodigdhede gebring het gedurende 'n hersteltydperk weens blindedermontsteking. Hy ontdek "'n tipe paradys" soos hy dit later beskryf,[9] en besluit om 'n kunstenaar te word, tot sy pa se diepe teleurstelling.[10][11] In 1891, keer hy terug na Parys om in die kunste te studeer te Académie Julian en word 'n student van William-Adolphe Bouguereau en Gustave Moreau. Aanvanklik skilder hy stillewes en landskappe in 'n tradisionele styl, waarin hy 'n redelike vlak van vaardigheid bereik. Matisse word beïnvloed deur die werke van vroeëre meesters soos Jean-Baptiste-Siméon Chardin, Nicolas Poussin en Antoine Watteau, asook moderne kunstenaars soos Édouard Manet en die Japannese kuns. Chardin was een van Matisse se mees bewonderende skilders; as kunsstudent het hy afdrukke gemaak van vier Chardin skilderye in die Louvre.[12] In 1896 en 1897, besoek Matisse die Australiese skilder John Peter Russell op die eiland Belle Île langs die kus van Bretagne. Russell stel hom bekend aan Impressionisme en die werk van van Gogh, wat 'n vriend van Russell was maar op daardie tydstip nog totaal onbekend. Matisse se styl verander heeltemal, en hy sou laterjare sê "Russell was my leermeester, en Russell het die kleurteorie aan my verduidelik." [11] In 1896 stal Matisse vyf skilderye uit in die salon van die Société Nationale des Beaux-Arts. Twee daarvan is deur die staat aangekoop.[13] Hy kry 'n dogter, Marguerite (gebore 1894), by die model Caroline Joblau. In 1898 trou hy met Amélie Noellie Parayre; die twee maak Marguerite saam groot en het saam ook twee seuns, Jean (gebore 1899) en Pierre (gebore 1900). Marguerite en Amélie het gereeld as modelle geposeer vir Matisse.[14] In 1898, onder advies van Camille Pissarro, gaan hy Londen toe om die skilderye van J. M. W. Turner te bestudeer en gaan op 'n reis na Korsika.[15] Met sy terugkeer in Parys in Februarie 1899, werk hy langs Albert Marquet en saam met André Derain, Jean Puy,[16] en Jules Flandrin.[17] Matisse verdiep homself in die werk van ander en beland in die skuld weens die aankoop van werke van skilders wat hy bewonder. Die werke wat hy in sy huis gehang en vertoon het sluit in 'n gipsborsbeeld deur Auguste Rodin, 'n skildery van Paul Gauguin, 'n tekening deur Vincent van Gogh en Paul Cézanne se Drie baaiers. In Cézanne se insig van prentstruktuur en kleur, vind Matisse sy vernaamste inspirasie.[16] Baie van Matisse se skilderye van 1898 tot 1901 maak gebruik van 'n Divisionistiese tegniek wat hy aangeneem het na die lees van Paul Signac se essay, "D'Eugène Delacroix au Néo-impressionisme".[15] Sy skilderye van 1902–1903, 'n tydperk van materiële swaarkry vir die kunstenaar, is betreklik droewig en openbaar 'n besorgdheid met vorm. Met sy eerste probeerslag in die beeldhoukuns, 'n replika van Antoine-Louis Barye, in 1899, dompel hy baie van sy energie in kleiwerk, en voltooi Die Slaaf in 1903.[18] FauvismeWysig Fauvisme as 'n styl het omstreeks 1900 begin en tot ná 1910 geduur. Die beweging self was net 'n paar lank jaar aktief, 1904–1908, en daar was drie uitstallings.[19][20] Die leidende figure in die beweging was Matisse en André Derain.[19] Matisse se eerste solo-uitstalling was by Ambroise Vollard se galery in 1904,[16] en sonder veel sukses. Sy liefde vir helder en ekspressiewe kleur het eers meer duidelik kenbaar na vore getree na die somer van 1904 waartydens hy in Saint-Tropez geskilder het saam met die neo-impressioniste Signac en Henri Edmond Cross.[15] In daardie jaar lewer hy sy belangrikste neo-impressionistiese werk, Luxe, Calme et Volupté.[15] In 1905 reis hy weer suidwaarts om in Collioure saam met André Derain te werk. Sy skilderye uit die tydperk is gekenmerk deur plat vorms en gekontroleerde lyne. Hy gebruik ook pointillisme in 'n minder gestrenge mate as voorheen. In 1905 stal Matisse en 'n groep kunstenaars, nou bekend as "Fauves," saam uit in 'n kamer in die Salon d'Automne. Die werke druk emosie uit met wilde en dikwels strydige kleure, sonder agting vir die onderwerp se natuurlike kleure. Matisse stal Die oop venster en La femme au chapeau (Vrou met die hoed) uit by die Salon. Kritikus Louis Vauxcelles beskryf die werk met die opmerking "Donatello parmi les fauves!" (Donatello tussen die wilde diere), verwysend na 'n Renaissance-agtige beeldhouwerk wat die kamer met hulle versameling gedeel het.[21] Sy opmerking verskyn op 17 Oktober 1905 in Gil Blas, 'n dagblad, en word 'n destydse populêre sêding.[19][21] Die uitstalling ontvang wrang kritiek—"'n Blik verf is in die gesig van die publiek gegooi" sê die kritikus Camille Mauclair—maar ook enkele gunstige resensies.[21] Wanneer die skildery wat uitgesonder is vir spesiale afkeuring, Matisse se Vrou met 'n hoed, gekoop word deur Gertrude en Leo Stein, verbeter die beleërde kunstenaar se moraal aansienlik.[21] Matisse word erken as die leier van die Fauves, saam met André Derain; die twee was vriendskaplike mededingers, elk met sy eie volgelinge. Ander lede was Georges Braque, Raoul Dufy en Maurice de Vlaminck. Die simbolis Gustave Moreau (1826–1898) was die beweging se inspiratoriese leermeester; as 'n professor by die École des Beaux-Arts in Parys, het hy studente gedruk om buite die lyne van formaliteit te dink en hulle eie sienings te volg. In 1907 het Guillaume Apollinaire, na kommentaar oor Matisse in 'n artikel gepubliseer in La Falange, gesê, "Ons is nie hier in die teenwoordigheid van 'n oordadige of ekstreme onderneming nie: Matisse se werk is uiters redelik." [22] Maar Matisse se werk uit daardie tyd het ook heftige kritiek ontlok, en dit was vir hom moeilik om vir sy gesin te sorg.[11] Sy opspraakwekkende 1907 skildery Nu bleu was in beeld verbrand by die Armory Show in Chicago in 1913.[23] Die agteruitgang van die Fauvistiese beweging na 1906 het geen uitwerking op Matisse se opgang gehad nie; heelwat van sy beste werke is gelewer tussen 1906 en 1917, as aktiewe deelnemer van die groot samekoms van kunstalent in Montparnasse, selfs al het hy nie heeltemal ingepas met sy konserwatiewe voorkoms en streng bourgeois werksetiek nie. Hy het aangehou met die absorbeer van nuwe invloede: hy reis na Algerië in 1906 om Afrikaanse kuns en primitivisme te bestudeer; na besigtiging van 'n groot uitstalling Islamitiese kuns in München in 1910, spandeer hy twee maande in Spanje om Moorse kuns te bestudeer. Hy besoek Marokko in 1912 en weer in 1913, en terwyl hy skilder in Tangier maak hy verskeie innoverende veranderings aan sy werk, insluitende sy gebruik van swart as 'n kleur.[24][25][26]Die effek daarvan op Matisse se kuns word beskryf as 'n nuwe vrymoedigheid met die gebruik van intense, ongereguleerde kleur, soos met L'Atelier Rouge (1911).[15] Matisse het 'n lang verbintenis met die Russiese kunsversamelaar Sergei Shchukin gehad. Hy skilder een van sy vernaamste werke, La Danse (Die dans), spesiaal vir Shchukin as deel van 'n tweedelige-skilderopdrag, waarvan die ander skildery Musiek (1910) is. 'n Vroeëre weergawe van La Danse (1909) is in die versameling van die Museum of Modern Art in New York. Gertrude Stein, Académie Matisse en die Cone sustersWysig Rondom April 1906 ontmoet hy Pablo Picasso, wat twaalf jaar jonger as Matisse was.[11] Die twee word lewenslange vriende asook mededingers en word dikwels vergelyk; 'n belangrike verskil tussen hulle was dat Matisse uit die natuur geneem en geskilder het, terwyl Picasso veel meer geneig was om vanuit sy verbeelding te werk. Die onderwerpe die meeste deur die twee kunstenaars geskilder was vrouens en stillewes, met Matisse wat meer eerder sy figure in 'n ten volle gerealiseerde interieur sou plaas. Matisse en Picasso is die eerste keer saamgebring by die salon van Gertrude Stein en haar metgesel Alice B. Toklas. Gedurende die eerste dekade van die twintigste eeu was Amerikaners in Parys— Gertrude Stein, haar broers Leo Stein, Michael Stein en Michael se vrou Sarah Stein—belangrike versamelaars en ondersteuners van Matisse se skilderye. Benewens Gertrude Stein se twee Amerikaanse vriende van Baltimore, het die Cone susters, Claribel en Etta, groot beskermhere geword van Matisse en Picasso, en versamel honderde van hul skilderye en tekeninge. Die Cone-versameling word nou in die Baltimore Museum of Art uitgestal.[27] Terwyl talle kunstenaars die Stein-salon besoek het, is heelwat van hierdie kunstenaars nooit verteenwoordig teen die mure van 27 Rue de Fleurus nie. Waar Renoir, Cézanne, Matisse en Picasso se werke Leo en Gertrude Stein se versamelings oorheers het, het Sarah Stein se versameling Matisse veral benadruk.[28] As tydgenote van Leo en Gertrude Stein het Matisse en Picasso deel geword van hulle sosiale kringe en gereeld die byeenkomste bygewoon wat op Stardagaande by 27 Rue de Fleurus plaasgevind het. Gertrude skryf die begin van die Saterdagaandbyeenkomste toe aan Matisse en maak die opmerking: - Meer en meer geredelik het mense begin besoek aflê om Matisse se werke te besigtig—en die Cézanne’s: "Matisse het mense gebring, almal het iemand gebring en hulle het enige tyd ingeloer, dit het begin lastig raak, en dit is hoe die Saterdagaande begin het." [29] Onder Pablo Picasso se kennisse wat ook gereeld die Saterdagaande bygewoon het, was: Fernande Olivier (Picasso se minnares), Georges Braque, André Derain, die digters Max Jacob en Guillaume Apollinaire, Marie Laurencin (Apollinaire se minnares en kunstenaar in eie reg) en Henri Rousseau.[30] Sy vriende het die Académie Matisse in Parys op die been gebring en gefinansier, 'n private nie-kommersiële skool waar Matisse jong kunstenaars onderrig het. Dit was in werking van 1907 tot 1911. Hans Purrmann en Sarah Stein was onder sy verskeie mees lojale studente. Matisse spandeer sewe maande in Marokko van 1912 tot 1913 en lewer ongeveer 24 skilderye en heelwat tekeninge. Sy gereelde orientalistiese onderwerpe van latere werke, soos odaliske, kan teruggetrek word na die periode.[31] Na ParysWysig In 1917 verhuis Matisse na Cimiez aan die Franse Riviera, 'n voorstad van Nice. Sy werke van die dekade wat volg op sy verhuising, toon 'n versagting en meer ontspanne benadering. Hierdie "terugkeer na orde" is kenmerkend van baie kunswerke in die tydperk na die Eerste Wêreldoorlog, en kan vergelyk word met die neoklassisme van Picasso en Igor Stravinsky, en die terugkeer na die tradisionalisme van Derain. Sy orientalistiese odalisk-skilderye is kenmerkend van die tydperk; terwyl die werk gewild was, het sommige kontemporêre kritici dit oppervlakkig en dekoratief gevind.[32] In die laat 1920's het Matisse weer merkbaar betrokke geraak by aktiewe samewerking met ander kunstenaars. Hy werk nie net saam met Fransmanne, Nederlanders, Duitsers en Spanjaarde nie, maar ook 'n paar Amerikaners en onlangse Amerikaanse immigrante. Na 1930 het 'n nuwe ywer en dapperder vereenvoudiging in sy werk verskyn. Die Amerikaanse kunsversamelaar Albert C. Barnes oortuig hom om 'n groot muurskildery te verf vir die Barnes-stigting, La Danse II (Die dans II), wat in 1932 afgehandel is; die stigting besit 'n paar dosyn ander Matisse skilderye. Hierdie skuif na vereenvoudiging en 'n voorskaduwing van die uitknipseltegniek is ook bemerkbaar in sy skildery Large Reclining Nude (1935). Matisse verf etlike maande aan hierdie skildery en dokumenteer sy vordering met 'n reeks van 22 foto’s wat hy aan Etta Cone stuur.[33] Die oorlogsjareWysig Na 41 jaar is Matisse en sy vrou uitmekaar in 1939. In 1941 ondergaan hy chirurgie waartydens 'n kolostomie uitgevoer word. Na die operasie begin hy 'n rystoel gebruik, en word hy tot met sy afsterwe versorg deur 'n Russiese vrou, Lydia Delektorskaya, een van sy voormalige modelle. Met die hulp van assistente begin hy papierknipsel-collages (gouaches découpés) maak en gereeld op groot skaal. Sy Nue bleu (Blou naak)-reeks is 'n uitstekende voorbeeld van sy tegniek wat hy "verf met 'n skêr" doop. Dit demonstreer sy vermoë om sy oog vir kleur en geometrie oor te dra na 'n nuwe medium van volkome eenvoud, maar met 'n speelse en genotryke krag. In die 1940's werk hy ook as grafiese kunstenaar by die Mourlot-studio’s in Parys en lewer swart-en-wit illustrasies vir verskeie boeke en oor die honderd oorspronklike steendrukplate. Matisse word bewonder en herhaaldelik na verwys deur die Griekse digter en Nobelpryswenner Odysseas Elytis. Elytis is aan Matisse bekendgestel deur hulle gemeenskaplike vriend Tériade, tydens sy werk aan die uitknipsels. Matisse het die eetkamermuur geverf in Tériade se huis, die Villa Natacha in Saint-Jean-Cap-Ferrat, wat Elytis ook in sy gedigte noem. Matisse, deur en deur nie-polities, was geskok na die nuus dat sy dogter Marguerite, wat aktief was in die Résistance gedurende die oorlog, gemartel is (amper tot die dood) in 'n Rennes-gevangenis en gevonnis is na die Ravensbrück-konsentrasiekamp.[10] (Marguerite spring verdere gevangeskap vry deur te ontsnap van 'n trein op pad na Ravensbrück, wat gestop is na 'n Geallieerde lugaanval; sy oorleef in die woud tot met haar redding deur mede-versetters.[34][35]) In 1947 publiseer Matisse Jazz, 'n beperkte oplaag van 'n kunstenaarsboek van ongeveer honderd afdrukke van kleurvolle papierknipsel-collages, vergesel van sy geskrewe gedagtes. Tériade, 'n bekende twintigste-eeuse kunste-uitgewer reël om Matisse se knipsels uit te gee as pochoir (sjabloon)-afdrukke. Laaste jareWysig In 1951 handel Matisse 'n vier-jaar projek af vir die ontwerp van die binnekant, die glasvensters en dekorasies van die Chapelle du Rosaire de Vence, wat dikwels na verwys word as die Matisse-kapel. Die projek is die gevolg van 'n noue vriendskap tussen Matisse en Suster Jacques-Marie, ten spyte van die feit dat hy 'n ateïs was.[38][39] Hy het haar aangestel as verpleegster en model in 1941 voor sy 'n dominikaanse non geword het. Hulle ontmoet weer in Vence en begin hul samewerking volgens 'n storie oorvertel in haar boek van 1992 Henri Matisse: La Chapelle de Vence en in die dokumentêr van 2003 "A Model for Matisse".[40] In 1952 vestig hy 'n museum gewy aan sy werk, die Matisse Museum in Le Cateau. Die museum hou tans die derde grootste versameling van Matisse se werke in Frankryk. Volgens David Rockefeller, is Matisse se laaste werk die ontwerp van 'n gebrandskilderde glasvenster geïnstalleer by die Union Church of Pocantico Hills naby die Rockefeller-landgoed, noord van New York. "Dit was sy finale artistieke skepping; die maket was teen sy kamermuur tydens sy dood in November 1954" skryf Rockefeller. Die installasie was afgehandel teen 1956.[41] Matisse sterf aan 'n hartaanval op die ouderdom van 84 in 1954. He is begrawe in die begraafplaas van Monastère Notre Dame de Cimiez, naby Nice. NalatenskapWysig Die eerste skildery van Matisse wat deur 'n openbare versameling verkry is, was Stillewe met malvas (1910), uitgestal in die Pinakothek der Moderne.[42] Die pruimbloeisels, 'n 1948 skildery deur Henri Matisse, is op 8 September 2005 aangekoop vir die Museum of Modern Art deur Henry Kravis en die museum se nuwe president, Marie-Josée Drouin. Die beraamde prys was Amer. $25 miljoen. Dit is sedert 1970 nie deur die publiek te siene gekry nie.[43] In 2002 word 'n Matisse-beeldhouwerk Nu couché I vir Amer. $9.2 miljoen verkoop, 'n rekord vir een van die kunstenaar se beeldhouwerke. Matisse se dogter Marguerite het gereeld Matisse-studente bygestaan met insig oor sy werksmetodes en sy werke. Sy sterf in 1982 terwyl sy besig was met die samestelling van 'n katalogus van haar pa se werke.[44] Matisse se seun, Pierre Matisse (1900–1989), open 'n belangrike moderne kunsgalery in New York gedurende die 1930's. Die Pierre Matisse-galery, wat aktief was van 1931 tot 1989, verteenwoordig en vertoon talle Europese kunstenaars en 'n aantal Amerikaners en Kanadese in New York, dikwels vir die eerste keer. Hy stal Joan Miró, Marc Chagall, Alberto Giacometti, Jean Dubuffet, André Derain, Yves Tanguy, Le Corbusier, Paul Delvaux, Wifredo Lam, Jean-Paul Riopelle, Balthus, Leonora Carrington, Zao Wou Ki en Sam Francis uit, asook beeldhouers Theodore Roszak, Raymond Mason en Reg Butler, en verskeie ander belangrike kunstenaars, insluitend die werk van Henri Matisse.[45][46] Henri Matisse se kleinseun, Paul Matisse, is 'n kunstenaar en uitvinder en bly in Massachusetts. Matisse se agterkleindogter Sophie Matisse is ook 'n kunstenaar. Les Heritiers Matisse tree op as die amptelike boedel. Die Amerikaanse kopieregverteenwoordiger vir Les Heritiers Matisse is die Artists Rights Society.[47] Gedeeltelike lys van werkeWysig Jaar | Naam | Franse naam | Tegniek | Afmetings | Stad | Galery | ---|---|---|---|---|---|---| 1894 | Die lesende vrou | Olie op doek | Parys | Musée National d'Art Moderne Parys | || 1898 | Landskap, die pienk muur | Le Mur Rose | Olie op doek | Privaat versameling | || 1902 | 'n Glimps van die Notre Dame op 'n mooi middag | Notre-Dame, une fin d'après-midi | Olie op doek | 72,5 × 54,5 cm | Buffalo, New York | Albright Knox-kunsgallery | 1905 | Die groen streep | La Raie Verte | Olie en tempera op doek | 40,5 × 32,5 cm | Kopenhagen | Statens Museum for Kunst | 1905 | Uitsig van Collioure | Les toits de Collioure | Olie op doek | 59,5 × 73 cm | Sint Petersburg | Hermitage-museum | 1905 | Landskap by Collioure | Olie op doek | 38,8 × 46,6 cm | New York | Museum of Modern Art | | 1905-6 | Die vreugde van die lewe | Le bonheur de vivre | Olie op doek | 38,8 × 46,6 cm | Philadelphia | Barnes-stigting | 1906 | Die jong matroos II | Olie op doek | 101,6 × 81,9 cm | New York | The Museum of Modern Art | | 1906 | Selfportret in gestreepte t-hemp | Olie op doek | 30 × 23 cm | Kopenhagen | Statens Museum for Kunst | | 1907 | Rooi madras hooftooisel | Madras Rouge | Olie op doek | 99,4 × 80,5 cm | Philadelphia | Barnes-stigting | 1907 | Blou naak (Souvenir de Biskra) | Nu bleu: Souvenir de Biskra | Olie op doek | 92 × 140 cm | Baltimore | Baltimore Museum of Art | 1908 | Die nagereg: Harmonie in rooi (Die rooi kamer) | Olie op doek | 180 × 220 cm | Sint Petersburg | Hermitage-museum | | 1908 | Baaiers met 'n skilpad | Olie op doek | 179 × 220 cm | St. Louis | Saint Louis Art Museum | | 1910 | Stil lewe met malvas | Olie op doek | 180 × 220 cm | München | Pinakothek der Moderne | | 1911 | Die rooi ateljee | L'Atelier Rouge | Olie op doek | 162 × 130 cm | New York | The Museum of Modern Art | 1908-12 | Die gesprek | Olie op doek | 1177 × 85⅜ cm | Sint Petersburg | Hermitage-museum | | 1912 | Zorah op die terras | Olie op doek | 116 × 100 cm | Moskou | Pushkin Museum | | 1912–1913 | Gesete Riffyn | Le Rifain assis | Olie op doek | 200 × 160 cm | Philadelphia | Barnes-stigting | 1912 | Venster by Tangier | Olie op doek | Moskou | Pushkin Museum | || 1915 | Die geel gordyn | Le rideau jaune | Olie op doek | 146 × 97 cm | New York | The Museum of Modern Art | 1916 | Die venster | La Fenêtre | Olie op doek | 146,1 × 116,8 cm | Detroit | Detroit Institute of Arts | 1917 | Die windskerm, op die pad na Villacoublay | Olie op doek | 38,2 × 55,2 cm | Cleveland | Museum of art | | 1917 | Die musiekles | La leçon de musique | Olie op doek | 245,1 × 210,8 cm | Philadelphia | Barnes-stigting | 1917 | Die skilder en sy model | Le peintre dans son atelier | Olie op doek | 146,5 × 97 cm | Parys | Musée National d'Art Moderne Parys | 1923 | Fees van blomme | Fête des fleurs | Olie op doek | 65,5 × 92,7 | Cleveland | Museum of art | 1923 | Odalisk met haar arms opgelig | Odalisque assise aux bras levés, fauteuil rayé vert | Olie op doek | 65,1 × 50,2 cm | Washington, D.C. | National Gallery of Art | 1926 | Geel odalisk | Olie op doek | 55,1 × 80,8 cm | Ottawa | National Gallery of Canada | | 1932 | Die dans II | Muurskildery | 14 m × 4,6 m | Philadelphia | Barnes-stigting | | 1937 | Vrou in 'n pers jas | Olie op doek | 81 × 65,2 cm | Houston | Museum of Fine Arts | | 1940 | Die droom van 1940 | Le Rêve de 1940 | Olie op doek | Private versameling | || 1940 | La Blouse Roumaine | La Blouse Roumaine | Olie op doek | 92 × 73 cm | Parys | Musée National d'Art Moderne Parys | 1940 | Interieur met 'n Etruskiese vaas | Intérieur au vase étrusque | Olie op doek | 73,7 × 108 cm | Cleveland | Museum of art | 1944 | Annelies, wit tulpe en anemone | Olie op doek | 60 × 73 cm | Honolulu | Honolulu Museum of Art | | 1946 | Asië | L'Asie | Olie op doek | 116 × 81 cm | Private versameling | | 1947 | Twee meisies in 'n geel en rooi interieur | Deux fillettes, fond jaune et rouge | Olie op doek | 61 × 49,8 cm | Philadelphia | Barnes-stigting | 1948 | Pruimbloeisels | Olie op doek | 115,9 × 88,9 cm | Honolulu | Honolulu Museum of Art | | 1952 | Smart van die koning | La tristesse du roi | Gouache | 292 × 383cm | Parys | Musée National d'Art Moderne Parys | 1952 | Blou naak II | Nu bleu II | Gouache découpée | 116,2 × 88,9 cm | Parys | Musée National d'Art Moderne Parys | 1953 | Die slak | L'Escargot | Gouache op papier | 286,4 × 287 cm | Londen | Tate | Vertolkings in die media en letterkundeWysig - Rolprentvertolkings - Veteraan Amerikaanse akteur Al Pacino is aangewys om Henri Matisse te vertolk in 'n toekomstige rolprent gedoop "Masterpiece", wat handel oor die baanbrekende Franse kunstenaar en sy verhouding met sy verpleegster en model Monique Bourgeois.[48] Die regie word behartig deur Deepa Mehta, wie se vorige werk rolprente insluit soos 2003 se Bollywood Hollywood en Water in 2006. - Matisse verskyn ook kortstondig saam met ander kunstenaars in Midnight in Paris. - Letterkunde - Die Ray Bradbury kortverhaal "The Watchful Poker Chip of H. Matisse" bevat 'n verwysing na die kunstenaar wat 'n oog op 'n pokerskyfie verf vir 'n Amerikaner, om as monokel te gebruik. Boeke/EssaysWysig - Notes of a Painter,1908 - Painter's Notes on Drawing,1930. - Jazz (Henri Matisse)|Jazz, 1947 - Matisse on Art, versamel deur Jack D. Flam, 1973. ISBN 0-7148-1518-7 Verwysings en bronneWysig - Verwysings - Myers, Terry R. (Julie–Augustus 2010). “The Brooklyn Rail”. - "Tate Modern: Matisse Picasso". Tate.org.uk. Besoek op 16 Mei 2013. - Adrian Searle (7 Mei 2002). "Searle, Adrian, A momentous, tremendous exhibition, The Guardian, Dinsdag 7 Mei 2002". Guardian. UK. Besoek op 13 Februarie 2010. - "Trachtman, Paul, Matisse & Picasso, Smithsonian, Februarie 2003". Smithsonianmag.com. Besoek op 13 Februarie 2010. - "Duchamp's urinal tops art survey". news.bbc.co.uk. 1 Desember 2004. Besoek op 10 Desember 2010. - Wattenmaker, Richard J.; Distel, Anne, et al. (1993). Great French Paintings from the Barnes Foundation. New York: Alfred A. Knopf. ISBN 0-679-40963-7. p. 272 - Magdalena Dabrowski Department of Nineteenth-Century, Modern, and Contemporary Art, The Metropolitan Museum of Art Source: Henri Matisse (1869–1954) | Thematic Essay | Heilbrunn Timeline of Art History | The Metropolitan Museum of Art Verkry: 30 Junie 2010 - Spurling, Hilary (2001). The Unknown Matisse: A Life of Henri Matisse: The Early Years, 1869–1908. University of California Press, 2001. ISBN 0-520-22203-2. pp. 4–6 - Leymarie, Jean; Read, Herbert; Lieberman, William S. (1966), Henri Matisse, UCLA Art Council, p.9. - Bärbel Küster. "Arbeiten und auf niemanden hören." Süddeutsche Zeitung, 6 Julie 2007. ( ) - The Unknown Matisse, pp 352–553..., ABC Radio National, 8 Junie 2005 - Spurling, Hilary. The Unknown Matisse: A Life of Henri Matisse, the Early Years, 1869–1908. p.86. aanlyntoegang 15 Julie 2007 - Henri and Pierre Matisse, Cosmopolis, No 2, Januarie 1999 - Marguerite Matisse Verkry Desember 13, 2010 - Oxford Art Online, "Henri Matisse" - Leymarie, Jean; Read, Herbert; Lieberman, William S. (1966), Henri Matisse, UCLA Art Council, p.10. - [1] op bladsy 23 van Google-boek skakel - Leymarie, Jean; Read, Herbert; Lieberman, William S. (1966), Henri Matisse, UCLA Art Council, pp.19–20. - Elderfield, John (1976), The "Wild Beasts" Fauvism and Its Affinities,, Museum of Modern Art, pp. 13, ISBN ISBN 0-87070-638-1 - Freeman, Judi; et al. (1990), Abbeville Press, pp. 13, ISBN ISBN 1-55859-025-0 - Chilver, Ian (Ed.) (2004), "Fauvism" The Oxford Dictionary of Art, Oxford University Press, http://www.enotes.com/oxford-art-encyclopedia/fauvism "Fauvism" - Rubin, William (1989), Picasso and Braque pioneering cubism, New York: Museum of Modern Art, pp. 348, ISBN ISBN 0-87070-676-4 - "Matisse, Henri., " Encyclopædia Britannica. 2007. Encyclopædia Britannica Online. - The Moroccans, MoMA, http://www.moma.org/collection/object.php?object_id=79588 - Matisse in Morocco: The Paintings and Drawings, 1912–1913, NGA - Review: John Russell, Matisse and the Mark Left On Him By Morocco, NY Times, http://www.nytimes.com/1990/06/22/arts/review-art-matisse-and-the-mark-left-on-him-by-morocco.html?pagewanted=all&src=pm - Cone Collection, Baltimore Museum of Art, http://www.artbma.org/collection/overview/cone.html, besoek op 29 Julie 2007 - (MoMA, 1970 by 28) - (Mellow, 1974, p. 84) - (Mellow, 1974, p. 94-95) - Jack Cowart, Pierre Schneider, John Elderfield (1990). Matisse in Morocco: The Paintings and Drawings, 1912–1913. - Cowart, Jack; Fourcade, Dominique (1986), Henri Matisse: The Early Years in Nice 1916–1930, Henry N. Abrams, Inc., pp. 47, ISBN 978-0-8109-1442-1 - Henri Matisse Photographic documentation of 22 progressive states of Large Reclining Nude, The Jewish Museum, 1935, http://www.thejewishmuseum.org/site/pages/uploaded_media/cone/matisse/index.html - Heftrig, Ruth; Peters; Schellewald, Barbara Maria (2008), Kunstgeschichte im "Dritten Reich": Theorien, Methoden, Praktiken, Akademie Verlag, pp. 429 - Spurling, Hilary, Matisse the Master: A Life of Henri Matisse, the Conquest of Colour, 1909–1954, pp. 424 - Gilbert, Martin (2002). The Routledge Atlas of the Holocaust. Psychology Press. p. 10. ISBN 978-0-415-28145-4. - Ruhrberg, Karl (1986). Twentieth Century art: Painting and Sculpture in the Ludwig Museum. Rizzoli. p. 55. ISBN 978-0-8478-0755-0. - Catherine Bock-Weiss (2009). Henri Matisse: Modernist Against the Grain. Penn State Press. p. 147. ISBN 978-0-271-03512-3. Natural enough, since he was surrounded by priests and nuns during his later illnesses and while working on the Venice Chapel, even though he remained a convinced atheist. - Sister Jacques-Marie Influence for Matisse's Rosary Chapel, Dies, NY Times, 29 September 2005, http://www.nytimes.com/2005/09/29/arts/design/29jacques.html - French Professor Directs "Model for Matisse", Carnegie Mellon Today, 30 Junie 2003, http://www.cmu.edu/cmnews/extra/030630_matisse.html, besoek op 30 Julie 2007 - Rockefeller, David, It is a pleasure to welcome you to the Union Church of Pocantico Hills, Union Church of Pocantico Hills se webwerf, http://www.hudsonvalley.org/content/view/80/145/, besoek op 30 Julie 2010 - Butler, Desmond (10 November 2002), Art/Architecture; A Home for the Modern In a Time-Bound City, The New York Times, http://query.nytimes.com/gst/fullpage.html?res=9B07E2D8133EF933A25752C1A9649C8B63 - The Modern Acquires a 'Lost' Matisse, The New York Times, 8 September 2005, http://www.nytimes.com/2005/09/08/arts/design/08muse.html - Marguerite Duthuit, a Model In Art of Matisse, Her Father, The New York Times, 3 April 1982, http://query.nytimes.com/gst/fullpage.html?res=980DE5D61539F930A35757C0A964948260 - Russell, John (1999), Matisse, Father & Son. New York: Harry N. Abrams, pp. 387-389, ISBN 0-8109-4378-6 - Metropolitan Museum exhibition of works from the Pierre Matisse Galery, http://www.metmuseum.org/special/Matisse/collection_more.htm, besoek op 20 Junie 2007 - Most frequently requested artists list of the Artists Rights Society, http://arsny.com/requested.html - Child, Ben (14 Februarie 2011). "Al Pacino to play Henri Matisse". The Guardian. Besoek op 29 April 2012. - Bronne - Alfred H. Barr, Jr., Matisse: His Art and His Public New York: The Museum of Modern Art, 1951. ISBN 0-87070-469-9; ISBN 978-0-87070-469-7. - Olivier Berggruen and Max Hollein, Editors. Henri Matisse: Drawing with Scissors: Masterpieces from the Late Years. Prestel Publishing, 2006. ISBN 978-3-7913-3473-8. - F. Celdran, R.R. Vidal y Plana. Triangle : Henri Matisse – Georgette Agutte – Marcel Sembat Paris, Yvelinedition, 2007. ISBN 978-2-84668-131-5. - Jack Cowart and Dominique Fourcade. Henri Matisse: The Early Years in Nice 1916–1930. Henry N. Abrams, Inc., 1986. ISBN 978-0-8109-1442-1. - Raymond Escholier. Matisse. A Portrait of the Artist and the Man. London, Faber & Faber, 1960. - Lawrence Gowing. Matisse. New York, Oxford University Press, 1979. ISBN 0-19-520157-4. - Hanne Finsen, Catherine Coquio, et al. Matisse: A Second Life. Hazan, 2005. ISBN 978-2-7541-0043-4. - David Lewis. "Matisse and Byzantium, or, Mechanization Takes Command" in Modernism/modernity 16:1 (Januarie 2009), 51–59. - John Russell. Matisse, Father & Son, published by Harry N. Abrams, NYC. Copyright John Russell 1999, ISBN 0-8109-4378-6 - Pierre Schneider. Matisse. New York, Rizzoli, 1984. ISBN 0-8478-0546-8. - Hilary Spurling. The Unknown Matisse: A Life of Henri Matisse, Vol. 1, 1869–1908. London, Hamish Hamilton Ltd, 1998. ISBN 0-679-43428-3. - Hilary Spurling. Matisse the Master: A Life of Henri Matisse, Vol. 2, The Conquest of Colour 1909–1954. London, Hamish Hamilton Ltd, 2005. ISBN 0-241-13339-4. - Alastair Wright. Matisse and the Subject of Modernism Princeton, Princeton University Press, 2006. ISBN 0-691-11830-2. Verdere naslaanwerkWysig - Nancy Marmer, "Matisse and the Strategy of Decoration," Artforum, Maart 1966, pp. 28–33. Eksterne skakelsWysig Wikimedia Commons bevat media in verband met Henri Matisse. | - 21 Skilderye deur Henri Matisse op die BBC Your Paintings webwerf ( ) - Artists Rights Society, Matisse se Amerikaanse Kopiereg verteenwoordigers ( ) - Filmateriaal van Henri Matisse in Vence, Frankryk besig om te werk aan die Nuwe Kapel van Vence ( ) - Henri Matisse Galery op MuseumSyndicate ( ) - Henri Matisse: Life and Work 500 hoë-definisie beelde ( ) - Matisse's ‘Bathers by the River’ – interaktiewe skyfievertoning deur The New York Times ( ) - Matisse: Radical Invention NPR, audio ( ) - Henri Matisse by die Museum of Modern Art ( ) - Musée Matisse Nice ( ) ( ) - The Morozov-Shchukin collection ( ) ( ) - The nude in Matisse - Union List of Artist Names, Getty Vocabularies. ULAN Full Record Display for Henri Matisse. Getty Vocabulary Program, Getty Research Institute. Los Angeles, California. ( ) - Gelett Burgess, The Wild Men of Paris, Matisse, Picasso and Les Fauves, 1910 ( ) Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
<urn:uuid:940424c3-b8e3-417d-87f9-1e51f5d3254e>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Henri_Matisse
2019-07-21T11:07:47Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00450.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998472
false
Maak hoofkeuseskerm oop Soek Kategorie:Demografie van Ivoorkus Lees in 'n ander taal Hou hierdie bladsy dop Wysig Demografie volgens lande Demografie van Afrika Ivoorkus } → Demografie van Ivoorkus Wikimedia Commons bevat media in verband met Demografie van Ivoorkus . Subkategorieë Hierdie kategorie bevat die volgende 2 subkategorië, uit 'n totaal van 2. E ► Etniese groepe in Ivoorkus (4 B) T ► Tale van Ivoorkus (1 K, 4 B) Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Kategorie:Demografie_van_Ivoorkus&oldid=1839074 "
<urn:uuid:9af4c64c-8ab3-4548-9aae-442f4fa41043>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Demografie_van_Ivoorkus
2019-07-21T10:40:56Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00450.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.990022
false
Kwaito Kwaito - 'n samesmelting van kwai ("woede") en to (die afkorting van township) - is sedert die negentigerjare die gewildste styl van die Suid-Afrikaanse populêre musiek, veral onder die jeug van die townships. Sy wortels is die musiek wat in die jare negentig - in die tyd van Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing - die trefferslyste oorheers: Inheemse "bubblegum" diskomusiek, hip-hop, house, rap, reggae en tradisionele mbaqanga, wat langsamer gespeel en met hard klinkende Zoeloe-gesang vermeng is. Opvallend is dat die taal wat gebruik word vir die teks nooit Engels is nie. Die Afrikatale word liewer gebruik, maar ook Tsotsitaal, wat op Afrikaans gebaseer is. Kwaito-partytjies het hulle eie modestyl - geskakeerde tekstielhoede, sportklere met skitterende kleure en converse-stewels, wat van linne gemaak is. Dit is almal van die sestigerjare se modestyle ontleen. Die kwaito-musiek het 'n eie klein ekonomiese bedryf met onafhanklike Swart musieketikette en modeontwerpers geword, en die nuwe musiekstyl raak vinnig ook in Europese lande soos Frankryk en Spanje gewild.
<urn:uuid:043b1be9-4c02-4cfe-b9bf-1408802bf558>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Kwaito
2019-07-21T10:43:16Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00450.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99995
false
Swartoogtiptol Swartoogtiptol | |||||||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Swartoogtiptol | |||||||||||||||| Bewaringstatus | |||||||||||||||| Wetenskaplike klassifikasie | |||||||||||||||| Binomiale naam | |||||||||||||||| Pycnonotus barbatus (Desfontaines, 1789) | |||||||||||||||| Die verspreiding van die swartoogtiptol in Suider-Afrika Swartoogtiptolle is 19–21 cm lank met 'n vaal- tot donkergrys veredos en 'n lang stert. Die kop is roetswart, tussen die oog en die snawel byna geheel en al swart. Die vlerke is donkergrys en die stert is dofswart. Die buik is liggrys-bruin met 'n wit anale streek. Hulle lê meestal 2 tot 3 eiers, wat in 12 dae uitgebroei word. Die kleintjies word deur beide ouers grootgemaak. Suid-Afrikaanse voëls[wysig | wysig bron] - Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls - Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) - Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
<urn:uuid:afe76976-140f-476d-9b00-038de33a7266>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Swartoogtiptol
2019-07-21T10:51:21Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00450.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.997747
false
RMS Titanic - Hierdie artikel handel oor die stoomskip. Vir die 1997-rolprent, sien Titanic (rolprent). Sien Titanic (dubbelsinnig) vir ander gebruike van die term. Die RMS Titanic was 'n passasierskip (deel van die Olympic-reeks) wat deur die Britse skeepsmaatskappy White Star Line besit is en op die Harland and Wolff-skeepswerf in Belfast (Ierland) gebou is. Dit was die grootste passasierstoomskip ter wêreld ten tyde van sy tewaterlating. Die bouers van die skip het gehoop dat dit die transatlantiese skeepsvaartbedryf sou domineer. Edward Smith was die kaptein van die skip tydens die ramp. In die nag van 14 April 1912, tydens die skip se nooiensvaart, het Titanic 'n ysberg getref en twee ure en veertig minute later, vroeg op 15 April 1912, gesink. As gevolg van die sinking het 1 517 mense hul lewe verloor, wat hierdie tragedie een van die ergste seevaartongelukke gedurende vredestyd maak. Die hoë sterftesyfer word gedeeltelik daaraan toegeskryf dat die skip — alhoewel dit aan die regulasies van daardie tyd voldoen het — nie genoeg reddingsbote gedra het om vir al die passasiers voorsiening te maak nie. Die skip het 'n totale reddingsbootkapasiteit van 1 178 mense gehad, alhoewel die skip 'n kapasiteit vir 3 547 gehad het en 2 223 ten tyde van die ongeluk vervoer het. 'n Disproporsionele aantal mans het gedurende die tragedie gesterf as gevolg van die vrouens-en-kinders-eerste-beleid wat met die vul van die reddingsbote gevolg is. Van die mees gevorderde tegnologie van daardie tyd is in Titanic gebruik. Ná die sinking het min mense geglo die skip is eens as "onsinkbaar" beskryf.[1] Baie mense was geskok deur die feit dat Titanic gesink het ten spyte van die uitgebreide veiligheidsmaatreëls en ervare skeepsbemanning. Die beheptheid van die massamedia met Titanic se beroemde slagoffers, die legendes oor die tragedie, die daaropvolgende veranderinge in maritieme wetgewing, en die ontdekking van die skeepswrak dra by tot die voortdurende belangstelling in die Titanic. Inhoud Konstruksie[wysig | wysig bron] Titanic was 'n White Star Line-passasierskip en is in die Harland and Wolff-skeepswerf in Belfast gebou. Dit is ontwerp om met die mededinger Cunard Line se RMS Lusitania en RMS Mauretania mee te ding. Titanic, tesame met sy Olimpiese klas-susters, die RMS Olympic en die HMHS Britannic (wat eers Gigantic sou heet en in die nabye toekoms gebou sou word), is bedoel om die grootste en weelderigste skepe ooit te wees. Die ontwerpers was Lord William Pirrie,[2] 'n direkteur van beide Harland and Wolff en White Star, vlootargitek Thomas Andrews, Harland and Wolff se konstruksiebestuurder en hoof van hul ontwerpafdeling,[3] en Alexander Carlisle, die skeepwerf se hooftekenaar en algemene bestuurder.[4] Carlisle se rol in hierdie projek was die ontwerp van die superstruktuur van hierdie skepe, spesifiek die implementering van 'n effektiewe reddingsboot-davitontwerp ('n davit is 'n meganisme om reddingsbote van 'n skip in die water te laat sak). Carlisle het die projek in 1910 verlaat, voordat die skepe te water gelaat is, en het 'n aandeelhouer in Welin Davit & Engineer Company Ltd, 'n firma wat davits vervaardig, geword. Die bou van die RMS Titanic, wat deur die Amerikaner J.P. Morgan en sy International Mercantile Marine Co. befonds is, het op 31 Maart 1909 begin. Reeds tydens die konstruksiefase het die projek 'n tiental menselewens geëis. Die eerste slagoffer was die vyftienjarige Samuel Joseph Scott van Belfast wat op 20 April 1910 na sy dood geval het. Sy gesin het 16 sjieling skadevergoeding vir sy dood ontvang, net genoeg om die begrafniskoste te dek. Hulle kon geen grafsteen vir hom bekostig nie. So is Samuel Scott in 'n ongemerkte graf op Belfast City Cemetery ter ruste gelê. Eers in 2011 het hy danksy die inisiatief van Nicola Pierce, 'n skryweres van Dublin, en Tom Hartley, 'n vroeëre Lord Mayor van Belfast, 'n grafsteen gekry wat deur Féile an Phobail, 'n organisasie in Wes-Belfast, verskaf is.[5][6] Titanic se romp is op 31 Mei 1911 te water gelaat en die skip se afbou is op 31 Maart die volgende jaar voltooi. Die skip was 269,1 m lank en 28 m breed,[7] met 'n bruto registerton van 46 328 Britse ton en 'n hoogte van die waterlyn tot die bootsdek van 18 m. Die skip was uitgerus met twee suierkompressor vier-silinder, trippelekspansie, onderstebo stoommasjiene en een laedruk Parsons-stoomturbine, wat drie skroewe aangedryf het. Daar was 29 CV-ketels met 159 kooloonde wat 'n topsnelheid van 23 knope (43 km·h-1) moontlik maak. Slegs drie van die vier 19 m skoorstene was funksioneel: die vierde, wat slegs vir ventilasiedoeleindes gedien het, is toegevoeg om die skip meer indrukwekkend te laat lyk. Die skip het 'n totale kapasiteit van 3 547 passasiers en bemanning gehad. Kenmerke[wysig | wysig bron] Tydens die skip se bestaan het dit alle mededingers in luuksheid en weelde oortref. Dit het 'n swembad, 'n gimnasium, 'n Turkse bad, biblioteke in beide die eerste en tweede klas en 'n pluimbalbaan gehad.[8] Eerste klas algemene kamers is met versierde houtlambrisering, waardevolle meubels en ander versierings uitgevoer.[9] Daarbenewens het die Café Parisien disse aan die eersteklaspassasiers gebied op 'n sonverligte stoep met latwerkversieringe.[10] Die skip het van die mees tegnologiesgevorderde kenmerke van sy tyd gebruik gemaak. Dit het 'n uitgebreide elektriese substelsel gehad met stoomaangedrewe elektriese generators en bedrading wat elektriese ligte oor die hele skip laat brand het. Daar was ook twee Marconi-radio's (vonkkloofsenders) en 'n kragtige 1 500-watt-stel wat deur twee skofarbeidende operateurs beman is en volgehoue kontak verseker het en die versending van baie passasiersboodskappe moontlik gemaak het.[11] Eersteklaspassasiers moes 'n stewige bedrag vir hierdie geriewe betaal. Die duurste transatlantiese nie-retoervaart het VS$4 350 beloop (wat in vandag se geldeenheid meer as VS$80 000 sou wees).[12] Reddingsbote[wysig | wysig bron] Tydens die ontwerpstadium het Carlisle voorgestel dat Titanic 'n nuwe, groter tipe davit gebruik wat die skip in staat sou stel om agt-en-veertig reddingsbote te dra; hierdie sou vir almal aan boord op die nag van die tragedie voorsiening kon maak, maar nie vir die skip se totale drakapasiteit van 3 547 passasiers nie. White Star Line het wel tot die groter davits toegestem, maar het besluit dat slegs sestien houtreddingsbote gedra sou word (sestien was die minimum wat deur die Board of Trade, op grond van Titanic se geskatte gewig, toegelaat is) wat vir slegs 52% van die mense aan boord voorsiening sou maak (die vier opvou-reddingsbote bygereken). In daardie tyd het die Board of Trade se regulasies voorgestel dat Britse watertuie wat meer as 10 000 ton weeg, sestien reddingsbote met 'n kapasiteit van 160 m3, plus 'n kapasiteit in vlotte en dryfboeie vir 75% (of 50% in die geval van 'n watertuig met waterdigte skotte) van die kapasiteit van die reddingsbote, moes dra. White Star Line het dus meer reddingsbootkapasiteit verskaf as wat wetlik van hulle vereis was.[13] Die regulasies het geen bykomende voorsiening gemaak vir groter skepe sedert 1894 nie, toe die grootste passasierskip in aanbou, RMS Lucania, nog 13 000 ton geweeg het. Sir Alfred Chalmers, mariene adviseur aan die Board of Trade van 1896 tot 1911, het die vraagstuk "van tyd tot tyd" beskou, maar dit "nie nodig geag om [die skaal] te vergroot nie" omdat hy gemeen het ervare skeepsbemanning sou onnodig skeepsvaarte moes onderneem vir geen ander rede as om reddingsbote te laat sak en te beman nie, en ook aangesien hy gemeen het dit te moeilik sou wees om meer as sestien reddingsbote te water te laat tydens 'n noodgeval.[14] Carlisle het in die amptelike ondersoek gesê dat hy die saak met White Star Line se Uitvoerende Beampte, J. Bruce Ismay, bespreek het, maar in sý weergawe het Ismay ontken dat hy ooit hiervan gehoor het en kon hy homself nie daaraan herinner dat daar enigsings sulke voorsienings gemaak is in die skeepsbeplanning wat hy ondersoek het nie.[15][16] Tien dae voor die eerste vaart het Axel Welin, die vervaardiger van Titanic se reddingsbootdavits, aangekondig dat sy masjinerie geïnstalleer is omdat die watertuig se eienaars bewus was van komende veranderinge in die amptelike regulasies, maar Harold Sanderson, adjunkpresident van die International Mercantile Marine en voormalige algemene bestuurder van die White Star Line, het ontken dat dít die bedoeling was.[17] Vergelyking met die RMS Olympic[wysig | wysig bron] Titanic se ontwerp het sterk ooreengekom met die voorkoms van die ouer susterskip, die RMS Olympic. Alhoewel Titanic meer ruimte omsluit het en daarvoor 'n groter bruto registerton gehad het, was die romp amper dieselfde lengte as Olympic s'n. Daar was egter 'n paar verskille. Twee van die opmerklikste was dat die helfte van Titanic se voorste promenade A-Dek (onder die bootdek) teen buiteweer afgesluit was, en dat sy B-Dekkonfigurasie anders as dié van Olympic s'n was. Met die konstruksie van Olympic het dit nie die ekwivalent van Titanic se Café Parisien gehad nie — hierdie kenmerk is eers in 1913 bygevoeg. Sommige foute wat op Olympic geïdentifiseer is, soos die kraak van die agterste uitsettingsvoeg, is op die Titanic gekorrigeer. Die glyligte wat natuurlike beligting op Titanic se A-Dek verskaf het, was rond, terwyl dit op Olympic ovaal was. Titanic se stuurhuis was nouer en langer as Olympic s'n.[18] Hierdie, en ander veranderinge, het Titanic 1 004 bruto registerton groter as Olympic gemaak en hom dus die grootste aktiewe skip in die wêreld tydens sy te waterlating in April 1912 gemaak het. Trivia[wysig | wysig bron] Die voorvoegsel RMS staan vir Royal Mail Ship. Alle Britse skepe wat pos vervoer het, het die voorvoegsel gedra. Verwysings[wysig | wysig bron] Wikimedia Commons bevat media in verband met RMS Titanic. | - Richard Howells The Myth of the Titanic, ISBN 0-333-72597-2 - Moss, Michael S (2004). "William James Pirrie". Oxford Dictionary of National Biography. Oxford, England: Oxford University Press. - Bullock, Shan F. (1912). Thomas Andrews, Shipbuilder. Dublin: Maunsel and Co. - Jenkins, Stanley C. (1926-03-06). “Alexander Carlisle Obituary”. The Times. Besoek op 2008-11-08. - Belfast Media Group, 2 September 2011: Samuel's spirit on the Titanic. Besoek op 18 Oktober 2018 - Tom Hartley: Belfast City Cemetery. Hersiene uitgawe. Belfast: Blackstaff Press 2014, bl. 20 - Staff (27 May 1911). “The Olympic and Titanic”. The Times (39596). - "RMS Titanic facts". - "Titanic:A voyage of discovery". - "Titanic-construction". - "Wireless and the Titanic". - LaRoe, L. M. n.d. Titanic. National Geographic Society. - Butler, p. 38 - "Board of Trade's Administration". British Wreck Commissioner's Inquiry. 1912-07-30. Besoek op 2008-11-09. - "Testimony of Alexander Carlisle". British Wreck Commissioner's Inquiry. 1912-07-30. Besoek op 2008-11-08. - "Testimony of J. Bruce Ismay". British Wreck Commissioner's Inquiry. 1912-07-30. Besoek op 2008-11-08. - "Testimony of Harold A. Sanderson, recalled". British Wreck Commissioner's Inquiry. 1912-07-30. Besoek op 2009-04-21. - "Titanic's Blueprints [Roy Mengot] db-09]". Titanic-model.com. Besoek op 2009-01-06.
<urn:uuid:a031def4-d604-4ca7-bb00-15a5b1617236>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Titanic
2019-07-21T11:02:14Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00450.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999895
false
Bespreking:Broodrolletjie Jump to navigation Jump to search Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Broodrolletjie-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. | Artikelriglyne Daaglikse bladtrekke | |
<urn:uuid:2a784476-79db-43f6-b795-9d5633fd32cb>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Broodrolletjie
2019-07-24T01:16:14Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530246.91/warc/CC-MAIN-20190723235815-20190724021815-00210.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999994
false
Bespreking:Kwaliteit Jump to navigation Jump to search Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Kwaliteit-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. | Artikelriglyne Daaglikse bladtrekke | |
<urn:uuid:979ec17b-e9d4-43e7-8146-d5a6e35c5413>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Kwaliteit
2019-07-24T00:44:46Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530246.91/warc/CC-MAIN-20190723235815-20190724021815-00210.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999983
false
Hulp Bladsye wat na "Pous Miltiades" skakel ← Pous Miltiades Jump to navigation Jump to search Skakels hierheen Bladsy: Naamruimte: alle (Hoof) Bespreking Gebruiker Gebruikerbespreking Wikipedia Wikipediabespreking Lêer Lêerbespreking MediaWiki MediaWikibespreking Sjabloon Sjabloonbespreking Hulp Hulpbespreking Kategorie Kategoriebespreking Portaal Portaalbespreking Module Module talk Gadget Gadget talk Gadget definition Gadget definition talk Omgekeerde seleksie Filters Versteek insluitings | Versteek skakels | Versteek aansture Die volgende bladsye skakel na Pous Miltiades : Wys (vorige 50 | volgende 50 ) ( 20 50 100 250 500 ). Pous Gregorius XIII ( ← skakels wysig ) 10 Desember ( ← skakels wysig ) 10 Januarie ( ← skakels wysig ) 11 Januarie ( ← skakels wysig ) 31 Januarie ( ← skakels wysig ) 2 Julie ( ← skakels wysig ) 310 ( ← skakels wysig ) 311 ( ← skakels wysig ) 314 ( ← skakels wysig ) 10 April ( ← skakels wysig ) Pous ( ← skakels wysig ) Pous Benedictus XVI ( ← skakels wysig ) Pous Johannes Paulus II ( ← skakels wysig ) Simon Petrus ( ← skakels wysig ) Lys van pouse ( ← skakels wysig ) Pous Pius IV ( ← skakels wysig ) Sjabloon:Pouse ( ← skakels wysig ) Pous Linus ( ← skakels wysig ) Pous Anacletus I ( ← skakels wysig ) Pous Clemens I ( ← skakels wysig ) Pous Johannes II ( ← skakels wysig ) Pous Evaristus ( ← skakels wysig ) Pous Alexander I ( ← skakels wysig ) Pous Sixtus I ( ← skakels wysig ) Pous Telesforus ( ← skakels wysig ) Pous Higinus ( ← skakels wysig ) Pous Pius I ( ← skakels wysig ) Pous Anicetus ( ← skakels wysig ) Pous Soter ( ← skakels wysig ) Pous Eleuterus ( ← skakels wysig ) Pous Victor I ( ← skakels wysig ) Pous Zefirinus ( ← skakels wysig ) Sjabloonbespreking:Pouse ( ← skakels wysig ) Pous Callixtus I ( ← skakels wysig ) Pous Urbanus I ( ← skakels wysig ) Pous Pontianus ( ← skakels wysig ) Pous Anterus ( ← skakels wysig ) Pous Fabianus ( ← skakels wysig ) Pous Cornelius ( ← skakels wysig ) Pous Lucius I ( ← skakels wysig ) Pous Stefanus I ( ← skakels wysig ) Pous Sixtus II ( ← skakels wysig ) Pous Dionisius ( ← skakels wysig ) Pous Felix I ( ← skakels wysig ) Pous Eutichianus ( ← skakels wysig ) Pous Gajus ( ← skakels wysig ) Pous Marcellinus ( ← skakels wysig ) Pous Marcellus I ( ← skakels wysig ) Pous Eusebius ( ← skakels wysig ) Pous Silvester I ( ← skakels wysig ) Wys (vorige 50 | volgende 50 ) ( 20 50 100 250 500 ). Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Pous_Miltiades " Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Gereedskap Spesiale bladsye Drukbare weergawe Ander tale Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:8f8bd9a9-52b7-4558-925d-ed3f1308f4d8>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Pous_Miltiades
2019-07-24T00:33:58Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530246.91/warc/CC-MAIN-20190723235815-20190724021815-00210.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998888
false
Botrivier, Wes-Kaap - Hierdie artikel handel oor die dorpie in die Wes-Kaap. Vir die rivier self, sien Botrivier (rivier). Botrivier | | Koördinate: Koördinate: | | Land | Suid-Afrika | ---|---| Provinsie | Wes-Kaap | Distriksmunisipaliteit | Overberg | Plaaslike Munisipaliteit | Theewaterskloof | Wyk | 7 | Oppervlak | | - Land | 3,23 km² (1,2 vk m) | Bevolking (2001) | | - Dorp | 4 052 | - Digtheid | 1 254,5/km² (3 249,1/myl2) | Tydsone | SAST (UTC+2) | Poskode | 7185 | Skakelkode(s) | 028 | Botrivier is 'n dorp in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Volgens die 2001-sensus het die dorp 'n bevolking van 4 052 gehad.[1] Die dorp lê langs die N2 nasionale pad. Die R43-hoofpad na Hermanus draai hier af. Vandag is die distrik bekend vir sy uie. Die naam is afgelei van al die botter wat hier gemaak is.[2]
<urn:uuid:63f941c5-cc9e-4865-8527-fd3ebbec68b9>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Botrivier
2019-07-16T12:29:31Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524548.22/warc/CC-MAIN-20190716115717-20190716141717-00394.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999204
false
Bettie Kemp Bettie Kemp is 'n Suid-Afrikaanse radio- en TV-aanbieder, aktrise en 'n regisseur van drama en dokumentêre programme vir radio. Sy is ook ‘n nuusleser en kontinuiteitsaankondiger. Sy is veral bekend as aanbieder vir RSG en kykNET se ontbyt-program, Dagbreek. Kemp is ook 'n ervare stemkunstenaar van handelsprodukte, en was vir 'n paar jaar die Afrikaanse stem vir Standard Bank se telefoniese inbeldienste. Bettie Kemp | | Nasionaliteit | Suid-Afrika | ---|---| Beroep(e) | Aktrise, TV- en radio-persoonlikheid | Internet-rolprentdatabasis-profiel | ToekenningsWysig Sy het twee VITA-benoemings gekry vir haar solo-verhoogproduksies Kom Nader. In 2011 word sy tydens die Fiestas as die beste vroulike byspeler aangewys vir haar vertolking in Dood van ’n verkoopsman. By die 2012 Aardklopfees is sy benoem as die beste aktrise vir haar rol in TaMiem van Swellendam. FilmografieWysig - Goeiemôre Suid-Afrika in die 1980's en vroeë 90's (SAUK) - Vyfster, 1984 as die welsynsbeampte - Sweet 'n Short, 1991 as TV-nuusleser - Stander, 2003 as TV-nuusleser - Begeertes (TV-reeks op kykNET), 2007-2008 as Trudie - Villa Rosa, 2011 as 'n gasakteur - Binnelanders, 2012 as 'n gasakteur - Dagbreek (kykNET se regstreekse ontbytprogram), 2012 Vele ander.
<urn:uuid:9a32cf28-e354-4144-b146-52c2eebec0f2>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Bettie_Kemp
2019-07-17T16:58:47Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525355.54/warc/CC-MAIN-20190717161703-20190717183703-00554.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999934
true
Georgiese nasionale rugbyspan Die Georgiese nasionale rugbyspan verteenwoordig die voormalige Sowjet Kaukasiese republiek Georgië in rugby. Die span se bynaam, Die Lelos, kom van lelo, 'n inheemse Georgiese sport wat baie ooreenkom met rugby. Lelo is aangeneem as die Georgiese woord vir "drie". Een van die standaard krete van Georgiese rugby ondersteuners is Lelo, Lelo, Sakartvelo (Drie, Drie, Georgië). Georgië | |||| Unie | Georgiese Rugbyunie | ||| Bynaam(e) | Lelos | ||| Embleem | Wolkstrale | ||| Stadion | Dinamo Arena Mikheil Meskhi Stadion | ||| Afrigter(s) | Milton Haig | ||| Kaptein(s) | Mamuka Gorgodze | ||| Statistiek ---|---|---|---|---| Meeste toetse | Merab Kvirikashvili (98) | ||| Meeste toetspunte | Merab Kvirikashvili (766) | ||| Meeste drieë | Mamuka Gorgodze (26) | ||| Eerste internasionale wedstryd | |||| Zimbabwe 3 – 16 Georgië (12 September 1989) | |||| Grootste oorwinning | |||| Georgië 98 – 3 Tsjeggië (8 April 2002) | |||| Grootste nederlaag | |||| Engeland 84 – 6 Georgië (12 Oktober 2003) | |||| Wêreldbeker | |||| Verskynings | 4 (Eerste in 2003) | ||| Beste uitslag | Twee oorwinnings, Rugbywêreldbeker 2015 | ||| Unie webwerf | |||| www.rugby.ge | Georgië word tans beskou as 'n derde vlak rugbynasie. Die Lelos neem aan die Europese Nasiesbeker deel wat 'n tweede vlak kompetisie vir Europese nasionale spanne is. 'n bekende staaltjie oor die Georgiërs is dat hulle by gebrek aan hulpbronne skrummasjiene uit ou Sowjettrekkers gemaak het. Alhoewel rugby 'n geweldig gewilde toeskouerssport in Georgië is, bly deelname steeds betreklik laag. Daar is slegs agt rugbyvelde en eenhonderd volwasse spelers in die land. Die grootste deel van die nasionale span is in Frankryk gestasioneer, in beide Top 14 en laer divisies. Dit is 'n gebruik wat gewild gemaak is deur die voormalige afrigter, Claude Saurel, 'n Fransman wat nou die naburige mededinger, Rusland afrig. Rugby is een van die gewildste sportsoorte in Georgië. Die Georgiese nasionale sewes span het die eerste nasionale span van Georgië geword om in 'n belangrike toernooi deel te neem toe hulle in die IRR Sewes Wêreldbeker Argentinië gespeel het. In 2003 het die volle nasionale span dit vir die eerste keer reg gekry om te kwalifiseer vir die Rugbywêreldbeker 2003 waar hulle teen spanne soos die Springbokke en Engeland te staan gekom het. In 2006 het die Lelos vir die Rugbywêreldbeker 2007 in Frankryk gekwalifiseer nadat hulle Portugal in 28-14 geklop het tydens die Europese kwalifiseringsrondtes. Inhoud GeskiedenisWysig SowejeteraWysig Daar was onsuksesvolle pogings om rugby na Georgië in te voer in 1928 en ook in 1940 en in 1948. Daar word geglo dat rugby uiteindelik suksesvol na Georgië ingevoer is deur Jacques Haspekian, 'n Franse Armeniër uit Marseille.[1] Haspekian het tydens die tweede golf van Armeense repatriasie in die vroeë 1960's na Armenië teruggekeer. In Armenië is die amptelike Sowjet ideologie dat rugby 'n "bourgeois spel" met meer geesdrif gevolg wat daartoe gelei het dat Jako Haspekian eerder die fondamente van Georgiese rugby in die buurland van Armenië gelê het.[2] Haspekian het die spel aan studente geleer in die laat 1950's tot die middel van die 1960's.[1] Die Georgië Rugbyunie is in 1964 gestig, maar tot die laat 1980's was Georgië deel van die Sowjetunie Rugbyfederasie. Die rugby bande tussen Frankryk en Georgië is gevestig deur die op daardie tydstip magtige Franse Kommuniste Party en baie ander linkervleuel organisasies. Georgië het aanvanklik nie 'n eie span gehad nie en die nasie se beste spelers het vir die USSR-span gespeel. In 1988 het Georgië hulle eerste nasionale sewes span saamgestel. In September 1989 het Georgië saam met ander FIRA-lande 'n toer deur Zimbabwe ondersteun. Zimbabwe se eerste wedstryd op die toer was in nat toestande teen Georgië in Kutaisi, wes van Tbilisi. Georgië het 16–3 gewen in wat die nasie se eerste internasionale wedstryd was. Die jaar daarna het Georgië na Zimbabwe getoer waar hulle twee toetse gespeel het waarvan hulle die eerste in Bulawayo verloor het en die tweede in Harare 26–10 gewen het. WêreldbekerrekordWysig Jaar | Uitslag | ---|---| 1987 | Geen deelname | 1991 | Geen deelname | 1995 | Geen deelname | 1999 | Geen deelname | 2003 | Poelfase | 2007 | Poelfase | 2011 | Poelfase | 2015 | Poelfase | VerwysingsWysig - ( ) The Independent on Sunday, Rugby Union - World Cup Old values drive Georgia to new heights, Besoek op 15 September 2007 - ( ) Armenia Joins The Pack Of Rugby-playing Nations, Besoek op 15 September 2007
<urn:uuid:b0fdfb3c-9507-49c5-916a-26762a5775e6>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Georgiese_nasionale_rugbyspan
2019-07-17T17:11:24Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525355.54/warc/CC-MAIN-20190717161703-20190717183703-00554.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99998
false
Breakfast at Tiffany's (rolprent) Jump to navigation Jump to search Breakfast at Tiffany's | | ---|---| Regisseur | Blake Edwards | Vervaardiger | Martin Jurow Dick Shepherd | Draaiboek | George Axelrod | Met | Audrey Hepburn George Peppard Patricia Neal Buddy Ebsen | Musiek deur | Henry Mancini | Kinematografie | Franz Planer Philip H. Lathrop | Redigeerder | Howard Smith | Ateljee | Jurow-Shepherd | Verspreider | Paramount Pictures | Uitgereik | 1961 | Speeltyd | 115 minute | Land | Verenigde State van Amerika | Taal | Engels | Begroting | $2,5 miljoen | Bruto wins | $14 miljoen | IMDb-profiel | Die rolprent gaan oor 'n jong sosiale vlinder in New York, wat belangstel in 'n jong man wat in haar woonstelblok intrek. Hoofrolspelers[wysig | wysig bron] - Audrey Hepburn as Holly Golightly / Lula Mae Barnes - George Peppard as Paul Varjak (Holly noem hom "Fred" omdat hy haar aan haar broer herhinner) - Patricia Neal as Mrs. Emily Eustace "2E" Failenson - Buddy Ebsen as Doc Golightly - Martin Balsam as O. J. Berman - Mickey Rooney as I. Y. Yunioshi - Alan Reed as Sally Tomato - José Luis de Vilallonga as José da Silva Pereira - Stanley Adams as Rutherford "Rusty" Trawler - John McGiver as verkoopsman by Tiffany's - Dorothy Whitney as Mag Wildwood - Claude Stroud as Sid Arbuck - Orangey as "Cat", die kat (opgelei deur Frank Inn) - Beverly Powers ("Miss Beverly Hills") as die ontklee-danseres
<urn:uuid:7224067c-e0a8-4eb9-ae24-10df5bac4410>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Breakfast_at_Tiffany%27s_(rolprent)
2019-07-17T16:42:10Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525355.54/warc/CC-MAIN-20190717161703-20190717183703-00554.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.981672
false
Almelo Almelo | | ---|---| Kaart | Wapen | Vlag | | Land | Nederland | Koördinate | | Stigting | 1236 | Provinsie | Overijssel | Oppervlakte: | | - Totaal | 69,40 vk km | Hoogte bo seevlak | 0 m m | Bevolking: | | - Totaal (2011) | 72 693 | - Groot-Almelo | 100 000 | - Twente | 650 000 | - Bevolkingsdigtheid | 1 078/vk km | Tydsone | UTC+1 | - Somertyd | UTC+2 | Amptelike webwerf | www.almelo.nl | Wikimedia Commons | Almelo | Almelo is munisipaliteit en 'n stad in die provinsie Overijssel in Nederland. Dit is in die streek Twente geleë en word begrens deur die munisipaliteite Twenterand en Tubbergen in die noorde, Wierden in die weste en Hof van Twente en Borne in die suide. Almelo is in die res van die wêreld veral bekend vir sy sokkerspan Heracles Almelo, wat in die hoogste Nederlandse afdeling speel. Geskiedenis[wysig | wysig bron] In die middeleeue het die kasteel Huis Almelo op die plek waar nou Almelo is gestaan (1236). In 1420 het die dorp by die kasteel stadsregte verkry. Almelo het 'n klein stadjie gebly tot in die 19de eeu toe die tekstielindustrie in Twente baie gegroei het. Almelo het daaruit voordeel getrek en uitgebrei tot die derde grootste stad van Twente (na Enschede en Hengelo). Sedert die sestiger jare van die vorige eeu het baie industrieë na die lae lone lande verhuis en is die stad vir Nederlandse standaarde arm. Net die fabrieke van Ten Cate het gebly. Besienswaardighede[wysig | wysig bron] - Huize Almelo (kasteel, gebou in die 13de eeu) - Korenmolen De Hoop (gebou in 1870) - Polman Stadion (sokkerstadion van Heracles Almelo) Munisipaliteite in Overijssel (25) | || ---|---|---| Almelo | Borne | Dalfsen | Deventer | Dinkelland | Enschede | Haaksbergen | Hardenberg | Hellendoorn | Hengelo | Hof van Twente | Kampen | Losser | Oldenzaal | Olst-Wijhe | Ommen | Raalte | Rijssen-Holten | Staphorst | Steenwijkerland | Tubbergen | Twenterand | Wierden | Zwartewaterland | Zwolle |
<urn:uuid:1af945fe-9e39-4901-bf56-c6dba21a574f>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Almelo
2019-07-19T00:10:04Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525863.49/warc/CC-MAIN-20190718231656-20190719013656-00154.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.995077
false
Porto Kaart | Wapen | Vlag | | Land | Portugal | Gewes (Região) | Porto | Koördinate | | Stigting | 275 v.C. | Oppervlakte: | | - Totaal | 41,42 vk km | Hoogte bo seevlak | 0 m | Bevolking: | | - Totaal (2011) | 237 584 | - Bevolkingsdigtheid | 5 736/vk km | - Metropolitaanse gebied | 1 762 524 | Tydsone | UTC ±0 (WET) | Somertyd | UTC +1 (WEST) | Burgemeester | Rui Moreira | Amptelike Webwerf | cm-porto.pt | Porto is die tweede grootste stad in Portugal geleë langs die Dourorivier, sowat 5 km vanaf die Atlantiese Oseaan. Die stad is bekend vir die portwyn wat hiervandaan uitgevoer word. Die stad is ook bekend vir die Maria Pia-brug en die sokkerklub FC Porto. Die historiese binnestad van Porto is in 1996 deur UNESCO as wêrelderfenisgebied gelys.
<urn:uuid:4ae72557-6355-4a55-9548-f51e6831b392>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Porto
2019-07-20T05:53:58Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526446.61/warc/CC-MAIN-20190720045157-20190720071157-00314.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998936
false
Bespreking:1928 Jump to navigation Jump to search Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die 1928-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. | Artikelriglyne Daaglikse bladtrekke | |
<urn:uuid:3c7ff97b-f0a7-47d3-88fd-30ca6a52771f>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:1928
2019-07-24T01:19:10Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530246.91/warc/CC-MAIN-20190723235815-20190724021815-00234.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999987
false
Bespreking:San Joaquin-rivier Jump to navigation Jump to search Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die San Joaquin-rivier-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. | Artikelriglyne Daaglikse bladtrekke | |
<urn:uuid:0949f870-5c31-4ceb-b68d-13ca3c404d23>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:San_Joaquin-rivier
2019-07-24T01:03:36Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530246.91/warc/CC-MAIN-20190723235815-20190724021815-00234.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999967
false
Doepatta ’n Doepatta (Hindi: दुपट्टा, Pandjabi: ਦੁਪੱਟਾ/ਚੁੰਨੀ, دوپٹا, Oerdoe: دوپٹا) is ’n lang, veeldoelige serp wat baie Suid-Asiatiese vroue dra en gewoonlik by die res van die kleredrag pas. Dit was oorspronklik ’n simbool van fatsoenlikheid.[1] Gebruik[wysig | wysig bron] Die doepatta word in verskeie streke van Suid-Asië gedra. Hoewel dit steeds ’n simbool van fatsoenlikheid is, dra baie vroue dit vandag bloot as ’n dekoratiewe bykomstigheid. Daar is geen enkele manier om dit te dra nie, en namate tyd verloop en die mode verander, wissel die styl van die doepatta. Dit word gewoonlik oor albei skouers en om die kop gedra. Dit kan egter ook soos ’n mantel om die hele bolyf gedrapeer word. Soms word dit gedra met die middelste deel op die bors en die punte oor die skouers. In moderne tye word die doepatta dikwels oor die een skouer of net oor die arms gedrapeer. ’n Kort doepatta, wat meer soos ’n serp lyk, kan ook gedra word. Verwysings[wysig | wysig bron] - Mark Magnier (23 Februarie 2010). "For Pakistani women, dupattas are more than a fashion statement". Los Angeles Times. - Goldman, Ann; Hain, Richard; Liben, Ann Goldman Richard Hain Stephen (2006). Ox Textbook Palliat Care Child Oxt:ncs C. Oxford University Press. p. 224. ISBN 9780198526537. Besoek op 13 November 2012.
<urn:uuid:7476353b-c012-4118-8cc3-b86c2d7364a0>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Doepatta
2019-07-24T00:54:03Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530246.91/warc/CC-MAIN-20190723235815-20190724021815-00234.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999985
false
Northeast Kingdom Die term Northeast Kingdom verwys na 'n streek in die noordooste van die Amerikaanse deelstaat Vermont wat die distrikte Essex County, Orleans County en Caledonia County behels. Die naam Northeast Kingdom is in 1949 deur die Amerikaanse senator George D. Aiken aan die gebied gegee. Vermonters verwys na die streek dikwels as The Kingdom, en jonger mense in die gebied gebruik soms net die afkorting N.E.K. Die bewoners van die Northeast Kingdom word gevolglik soms Nekkers genoem. 'n Groot aantal romans van die Amerikaanse skrywer Howard Frank Mosher speel in die Northeast Kingdom af. Skrywers is nie die enigste groep wat die landelike rustigheid van die gebied waardeer nie; ook 'n aantal aanhangers van die hippie-beweging uit die sestigerjare, mense wat moeg is vir die stedelike lewe en aanhangers van esoteriese bewegings het hulle hier kom vestig. Geografie[wysig | wysig bron] Die Northeast Kingdom, wat in die noorde deur die Kanadese provinsie Québec en in die ooste deur die Connecticut-rivier begrens word, behels 56 dorpe en gores (dorpe wat nie amptelik geïnkorporeer is nie) en beslaan 2 027 vierkante myl of sowat 21 persent van Vermont se oppervlakte.[1] Die hoogste bergspits is Jay Peak met 'n hoogte van 3 858 voet (1 176 meter) bo seevlak. Danksy sy ongerepte natuurskoon en sneeuvalle in die winter lok die Northeast Kingdom dwarsdeur die jaar talle toeriste. Naas wintersport staan die streek ook bekend vir sy verruklike kleure in die herfs (die "Indian Summer") en sy esdoringstroop. In 1997, die laaste jaar waarvoor statistieke beskikbaar is, was sowat tagtig persent van die Northeast Kingdom bosgebiede.[2] 59 persent van die bosse is noordelike hardehoutbome (Northern hardwood) en 29 persent spar- of dennebome. Geologie[wysig | wysig bron] Teen die einde van die Ordovisiaanse Tydperk sowat 466 miljoen jaar gelede het twee landmassa's in die gebied gebots en sodoende die Groen Berge gevorm, wat tot by die mees westelike punt van die Northeast Kingdom strek. Die botsing het daarnaas ook druk in die aarde se mantel opgebou waardeur aktiewe vulkane ontstaan het. Die granietgesteente, wat dikwels naby die berge en in die Connecticut-riviervallei sigbaar word, het sy ontstaan aan vulkaniese uitbarstings te danke. Ander gesteentes soos leisteen (soms met graniet vermeng) en kalksteen is gedurende die Siluriese en Devon-tydperk sowat 400 miljoen jaar gelede gevorm. Die uitbreiding van gletsers tydens die Ystydperk het die geologie van die gebied duidelik verander. Die Northeast Kingdom was miljoene jare lank met 'n yslaag bedek wat eers sowat 13 500 jaar gelede gesmelt en baie van die rotsblokke na die gebied gebring en landskapsvorme soos die mere Memphremagog, Willoughby en Crystal Lake geskep het. Toe die gletsers teruggetrek het, het die Groen Berge weer verrys, alhoewel hulle later aan erosie onderworpe was. Soutwater van die Atlantiese Oseaan het later groot dele van Vermont en ook die gebied van die Memphremagog-meer bedek, totdat dit sowat 11 000 jaar gelede weer geleidelik varswater geword het. In hierdie periode het die bosse begin verskyn. Eksterne skakels[wysig | wysig bron] Verwysings[wysig | wysig bron] Deelstaat Vermont | | ---|---| Onderwerpe | | Hoofstad | | Streke | | Distrikte | | Stede | | Dorpe |
<urn:uuid:61562fa7-e502-4d99-94ef-242f0e6e3e5b>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Northeast_Kingdom
2019-07-24T00:25:40Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530246.91/warc/CC-MAIN-20190723235815-20190724021815-00234.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999972
false
Maak hoofkeuseskerm oop Soek Wysigings ← Ouer wysiging Nuwer wysiging → Rooms-Katolieke Kerk (wysig) Wysiging soos op 13:21, 9 Mei 2011 22 grepe verwyder , 8 jaar gelede k r2.5.5) (robot Verwyder: nap:Cattolicesimo [[mwl:Eigreija Católica]] [[nah:Catolicismo Romano]] [[nap:Cattolicesimo]] [[nds:Röömsch-kathoolsche Kark]] [[nds-nl:Rooms-Katholieke Karke]] Escarbot Robotte 39 915 wysigings Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/775019 "
<urn:uuid:f17e7c47-7348-4e69-8267-349d8d204fcd>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/775019
2019-07-17T18:19:13Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525374.43/warc/CC-MAIN-20190717181736-20190717203736-00018.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.953042
false
Tsjeggo-Slowakye Tsjeggo-Slowakye, ook Tsjeggoslowakye (Tsjeggies: Československo, [ˈtʃɛskoslovɛnsko], ; Slowaaks: Česko-Slovensko, [ˈtʃɛskɔslɔʋɛnskɔ]), het tussen 28 Oktober 1918 en 1 Januarie 1993 op die gebied van die huidige republieke Tsjeggië en Slowakye bestaan. Op 1 Januarie 1993 is Tsjeggo-Slowakye in die aparte state Tsjeggië en Slowakye verdeel. Inhoud NaamWysig Kort vorm: - 1918–1920, 1938–1939 en 1990–1992 ook Tsjeggoslowakye Lang vorm: - amptelik 1918–1938 en 1945–1960: Tsjeggoslowakiese Republiek (ČSR); tsjeggies en slowaaks Československá republika - 1918–1920 en 1938–1939 Tsjeggo-Slowakiese Republiek (Č-SR); tsjeggies en slowaaks Česko-Slovenská republika - 1960–1990 Tsjeggo-Slowaakse Sosialistiese Republiek (ČSSR); tsjeggies en slowaaks Československá socialistická republika - 1990–1992 Tsjeggiese en Slowaakse Federale Republiek (ČSFR); tsjeggies Česká a Slovenská Federativní Republika; slowaaks Česká a Slovenská Federatívna Republika) SportWysig In sport was die Tsjeggo-Slowaakse nasionale sokkerspan een van die die sterkste mededingende spanne en het ag keer aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem en twee keer as naaswenner geëindig (in 1934 en 1962). Vir die UEFA Europa-beker kon Tsjeggo-Slowakye drie keer kwalifiseer, die toernooi van 1976 in Joego-Slawië wen en het twee keer (in 1960 en 1980) die derde plek bereik. Tydens die Olimpiese Somerspele 1980 in Moskou kon die Tsjeggo-Slowaakse nasionale sokkerspan die goudmedalje verower. GaleryWysig BronneWysig - ( Rüdiger Kipke, Karel Vodička: Abschied von der Tschechoslowakei, Verlag Wissenschaft und Politik, Köln 1993, ) ISBN 3-8046-8803-9. - ( Jörg K. Hoensch: Geschichte der Tschechoslowakei. 3. Auflage, W. Kohlhammer Verlag, Stuttgart 1992. )
<urn:uuid:110d20d9-9c66-4a8d-81c1-4980e6219490>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Tsjeggo-Slowakye
2019-07-18T23:38:39Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525863.49/warc/CC-MAIN-20190718231656-20190719013656-00178.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.980035
false
Tumen Die Tumen (Vereenvoudigde Chinees: 图们江; Tradisionele Chinees: 圖們江; pinyin: Túmen Jiāng; Wade-Giles: T'u-man-chiang; Koreaans: 두만강, Dumangang of Tuman'gang, [tumanɡaŋ]; Mantsjoe: ᡨᡠᠮᡝᠨ ᡠᠯᠠ; Mongools: Түмэн гол, Tümen gol; Russies: Туманная река, Tumannaja Reka) is 'n noordoos-vloeiende rivier wat vir 521 km die noordelike grens van Noord-Korea tot die Volksrepubliek China en later Rusland vorm. Die rivier ontspring noord van die Hemelmeer in die Changbai-gebergtes op die grens tussen Noord-Korea en die Volksrepubliek China. Aansluitend vloei die Tumen in 'n noordoostelike en later in 'n suidoostelike rigting. Vir die laaste 17 km vorm die Tumen die grens tussen Noord-Korea in die suidweste en Rusland in die noordooste. Aansluitend mond die Tumen in die See van Japan, 'n deel van die Stille Oseaan, uit. Tumen | | ---|---| Oorsprong | noord van die Hemelmeer, Changbai-gebergtes, op die grens tussen Noord-Korea en die Volksrepubliek China | Monding | tussen Noord-Korea en Rusland See van Japan | Stroomgebied | Noord-Korea, Volksrepubliek China, Rusland | Lengte | 521 km (324 myl) | Oorspronghoogte | 2 000 m (6 562 voet) | Mondinghoogte | 0 m (0 voet) | Stroomgebiedopp. | 33 800 km² (13 100 myl²) | Die Yalu in die weste vorm saam met die Changbai-gebergtes in die middel en die Tumen in die ooste die grens tussen die lande Noord-Korea en die Volksrepubliek China, maar ook tussen die kulturele gebiede China en Korea. Soms word na die gebied noord van die Yalu en Tumen as Mantsjoerye verwys en dit sluit die Chinese provinsies Liaoning en Jilin in. Die Tumen is in vergelyking met die Yalu nie só wyd en diep nie, vervolgens steek die meeste Nord-Koreaanse vlugtelinge op pad na die Volksrepubliek China die Tumen oor.[1] VerwysingsWysig - ( Norimitsu Onishi (22 Oktober 2006). ) "Tension, Desperation: The China-North Korean Border". The New York Times. Besoek op 6 April 2019.
<urn:uuid:b6c7d59e-a0ae-484a-b4f1-be8b54b44e13>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Tumen
2019-07-18T23:25:35Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525863.49/warc/CC-MAIN-20190718231656-20190719013656-00178.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99579
false
Varkvleis Varkvleis (Engels: "pork") is die kulinêre naam vir die vleis van die makgemaakte vark (Sus domesticus). Dit is een van die mees algemeen verbruikte voedsels ter wêreld. Bewyse van varkboerdery dateer terug tot 5000 v.C. Varkvleis word beide vars gaargemaak geëet en van bewaarde disse genuttig. Kuur van die vleis verleng die raklewe van varkprodukte. Ham, gerookte varkvleis, polonie, spek en boerewors is voorbeelde van bewaarde varkvleis. Vars varkvleis kan Trichinose bevat. Die USDA beveel aan dat gemaalde varkvleis gekook word teen 'n interne temperatuur van 70°C (160°F), gevolg deur 'n 3 minute rustyd, of 'n heelsnit tot 'n minimum interne temperatuur van 63°C (145°F), ook gevolg deur 'n 3 minute rustyd.
<urn:uuid:9c8c10d4-2442-4589-a36a-e4139ec4c4a8>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Varkvleis
2019-07-21T11:10:11Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00498.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99926
false
Paleis van Placentia Die Paleis van Placentia (Engels: Palace of Placentia) was ’n Engelse koninklike paleis wat in 1447 gebou is[1] in Greenwich, destyds ’n entjie van Londen af aan die oewer van die Teemsrivier. Die paleis is in 1660 deur koning Karel II gesloop om plek te maak vir ’n nuwe residensie. Byna veertig jaar later het die Greenwich-hospitaal (tans die Ou Koninklike Seevaartkollege) hier ontstaan. Geskiedenis[wysig | wysig bron] Humphrey, Hertog van Gloucester, was die regent in die tyd van koning Hendrik VI en hy het die paleis laat bou met die naam Bella Court. In 1447 het Humphrey in onguns geraak by Hendrik se nuwe koningin, Margaret van Anjou, en is hy in hegtenis geneem vir hoogverraad. Hy is in die tronk dood – Shakespeare het gesê hy is vermoor. Margaret het Bella Court oorgeneem en die naam verander na die Paleis van Placentia. Die paleis het vir die volgende twee eeue die belangrikste koninklike woning gebly. Dit was die geboorteplek van koning Hendrik VIII in 1491 en het ’n belangrike rol in sy lewe gespeel. Ná sy troue met Catharina van Aragon was Placentia die geboorteplek van hul dogter, Maria (later Bloedige Maria) in Februarie 1516. Ná sy troue met Anna Boleyn is hul dogter, Elizabeth (later Elizabeth I) in 1533 daar gebore. Hy is ook in 1540 daar getroud met Anna van Kleef. ’n Boom in Greenwich-park is bekend as Koningin Elizabeth se eikeboom; sy het glo as kind daarin gespeel. Maria en Elizabeth het albei in die 16de eeu ’n paar jaar lank in Placentia gewoon, maar tydens die bewind van Jakobus I en Karel I is die Queen's House aan die suidekant van die paleis gebou. Placentia het verwaarloos geraak tydens die Engelse Burgeroorlog en is eindelik gesloop. Die Greenwich-hospitaal is in 1694 op die terrein gebou. Verwysings[wysig | wysig bron] - Bold, John (2000) Greenwich: An Architectural History of the Royal Hospital for Seamen and the Queen's House (Paul Mellon Centre for Studies in British Art in samewerking met English Heritage), ISBN 978-0-300-08397-2 Verdere leesstof[wysig | wysig bron] - Charles Jennings, Greenwich: The Place Where Days Begin and End, Londen: Abacus, 2001. ISBN 0 349 11230 4.
<urn:uuid:fbe9858c-e66e-42b5-8452-82cecaf0c43e>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Paleis_van_Placentia
2019-07-21T11:08:00Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00498.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999932
false
Verantwoordelikheid Verantwoordelikheid is die verpligting wat op die skouers van 'n persoon rus om 'n gegewe taak wat aan hom of haar opgedra is na sy of haar beste vermoë uit te voer of te verseker dat die taak voltooi word. Alhoewel gesag na ondergeskiktes gedelegeer kan word, sal die verantwoordelikheid altyd op die persoon rus aan wie die aanvanklike taak of opdrag toegeken is. Verantwoordelikheid is die verpligting om rekenskap te kan gee.
<urn:uuid:44b20d84-2b59-461f-bdbd-a48dd14f2269>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Verantwoordelikheid
2019-07-21T11:46:08Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00498.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
1.000009
false
Anoeschka von Meck Inhoud Lewe en werk[wysig | wysig bron] Anoeschka von Meck is op 25 Maart 1967 as die oudste van 6 kinders gebore (Shando, Dewald, Erik, Rachel en Bijon). Die gesin (haar ma en boere-stiefpa) het in die distrik Mariental gewoon en later na Hentiesbaai aan die kus verhuis. Haar biologiese pa was die flambojante Vloog Theron, wat berugtheid verwerf het met sy vele twyfelagtige sakebedrywighede in Suid-Afrika en Amerika nadat hy aanvanklik een van die mees briljante regstudente aan die Universiteit van Stellenbosch was.[verwysing benodig] Daar is aanvanklik verwag dat hy die jongste regter ooit in die land sou wees, maar ná sy skorsing en die daaropvolgende dood van sy pa, het Vloog nooit herstel nie. (Hy is geskors nadat hy en 'n groep vriende 'n lektor se dogter se hare gekleur het - met haar toestemming. Die universiteit het gevoel hulle moet 'n voorbeeld van hom maak omdat Vloog té veel gewildheid onder die studente geniet het. Hy het onder meer 'n sirkus-olifant "gegaps" en vir 'n wyle na sy koshuis, Simonsberg, gebring.) Vloog verlaat Suid-Afrika vir Wallis in 1977, maar vestig hom later in Palm Springs, Kalifornië. Nadat hy daar tronkstraf uitgedien het, keer hy na byne drie dekades terug na Suid-Afrika. Hy was in Desember 2009 in ’n motorongeluk betrokke en kort daarna oorlede. Haar ma is ’n nooi Weich en predikantsdogter, wat Anoeschka by geboorte na die Russies-Pruisiese barones Anoeschka von Meck vernoem en haar dan so laat registreer het. Von Meck het gematrikuleer aan Lynchburg Christian Academy in die Amerikaanse deelstaat Virginië, maar was voorheen 'n kosganger aan die Hoërskool De Villiers Graaff, Villiersdorp. Ná matriek loop sy klas aan die Saddleback-gemeenskapskollege en ook aan die Mission Viejo, voor sy na San Francisco verhuis om aan die John F. Kennedy-universiteit in te skryf. Ná twee jaar se studies word Von Meck gedwing om na Namibië terug te keer weens 'n onverwagte besering. Sy verwerf 'n B.A.-graad aan die Universiteit van Kaapstad voor sy oorskuif na die Universiteit Stellenbosch, waar sy 'n Hoër Onderwysdiploma en M.A.-graad in Antieke Oosterse Studies (Egiptologie) met lof behaal. Ná 'n tydperk van reis, stem sy in om 'n ruk lank as koshuismoeder en kinderversorger by ’n kinderhuis op Robertson te gaan werk. In 2001 begin sy haar loopbaan as joernalis by Republikein in Windhoek en sou later vir verskeie gemeenskapskoerante in Suid-Afrika werk. Uiteindelik word sy as senior verslaggeefster by Rapport, Kaapstad, aangestel. Von Meck wen verskeie pryse as joernalis sowel as skrywer. Skryfwerk[wysig | wysig bron] Sy trek in 1994 die eerste keer aandag as skryfster wanneer haar kortverhaal “Bokse met druiwe en drome” in die versamelbundel “Lyfspel / Bodyplay” onder redaksie van Rachelle Greeff opgeneem word. Haar debuut is met die roman “Annerkant die longdrop”,[1] wat handel oor ’n dwelmverslaafde student op Stellenbosch, Ginkelsnoek, se soeke na die sin van die dinge uit haar verlede en die hede en die toekoms. Die hoofkarakter is lief vir reis en haar reise deur verskillende landskappe word gevul met karakters soos Oom Boekevat, Ouma Slapiesnou, Oom Pervertus en Die Sluiper. Haar twee susters wat saam met haar studeer se verskillende persoonlikhede is eindelik ’n gefragmenteerde beeld van haar eie volledige persoonlikheid en hierdie drie selwe word genoem SyWatDink, SyWatDroom en SyWatDoen. Sy word telkens teruggevoer na haar kinderjare, toe sy nog heel was. Hier word haar lewe hoofsaaklik gevul deur haar oupa, ouma, ma en pa.[2] Dis hierdie heel word waarna sy weer op soek is, na “hom” wat haar moet heel maak. Die boek moet op drie vlakke gelees word. Die eerste vlak handel oor die drie susters en hulle lief en leed, die tweede vlak met die karakters wat besig is om hulle onverwerkte traumas deur te werk en die derde vlak die soeke en reis na God. Hierdie boek is grootliks die resultaat van haar eie soeke, deur losbandigheid en dwelms tot by die verlossing van God. “Annerkant die longdrop”[3] (onder die aanvanklike titel “Skreeu tot jy lag”) is ’n finalis vir die 1997 De Kat-Sanlam romanwedstryd en is in 1999 ook ’n finalis vir die M-Net-prys. In 2014 wen sy die gesogde titel vir die beste Harde Nuus-skrywer terwyl sy as joernalis vir die Knysna-Plett Herald op die Tuinroete werk en is dikwels naaswenner in ander kategorieë ook. In 2016 reis Von Meck vir 7 maande lank vroualleen deur Suid-Afrika en maak opnames vir Afrikaans.com as "Afrikaans se Boesemvriend: Oppad met Afrikaans" om die unieke variasies van Afrikaans te demonstreer. Van Lekkersing in die Richtersveld, Bulletrap en Fonteintjie in die Noord-Kaap, tot Kaapsehoop in Mpumalanga en Rosendal in die Vrystaat, ontdek sy taaljuwele van gemeenskappe waar Afrikaans steeds en beslis hul lieflingstaal is. “Vaselinetjie”[4] ondersoek die harde lewe in ’n kinderhuis deur die oë van ’n jong meisie, Helena Bosman, wie se bruin ouma en oupa haar sommer Vaselinetjie noem omdat sy toe sy klein was gedurig gevra het vir Vaseline vir haar droë vel. Sy is ’n wit kind wat deur hierdie ou bruin egpaar in die lokasie grootgemaak word. Die Welsyn neem haar egter weg en plaas haar in ’n wit weeshuis. In die kinderhuis kry sy met verstoting, eensaamheid en wreedheid te doen, en dit meestal van die ander kinders af. Hierdie kinders kom uit uiteenlopende wêrelde en verteenwoordig verskillende waardesisteme, sodat Vaselinetjie in hierdie moeilike aanpassingsjare met die wrede werklikheid van die samelewing gekonfronteer word. Sy moet aanhoor dat sy ’n weggooikind is wat niemand wil hê nie en in hierdie omstandighede leer sy gou vloek en baklei. Sy maak ook goeie vriende en kys dan met Texan Kirby, waarna sy leer om te aanvaar vanwaar sy kom. Anoeschka se eie ondervinding as oppasser in die kinderhuis gee grootliks vir haar die stof vir hierdie jeugroman. “Vaselinetjie” wen in 2005 op een aand drie pryse, naamlik die M.E.R.-prys vir Jeuglektuur, die Jan Rabie-prys vir vernuwende Afrikaanse prosa en die M-Net-prys vir Afrikaanse tekste in kort formaat. In 2006 word “Vaselinetjie” opgeneem in die IBBY erelys en bekroon met ’n ATKV Kinderboektoekenning vir Graad 8-10. Hierdie boek is deur Elsa Silke in Engels as “My name is Vaselinetjie” vertaal, terwyl Hugo Taljaard dit vir die verhoog verwerk, waarna dit onder andere in 2010 by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees opgevoer word. ’n Rolprent word ook van die boek gemaak en sal in September 2017 vrygestel word.[5] Sy wen in 2001 die Namibiese deel van die M-Net New Directions filmkompetisie vir haar draaiboek “Rehoboth Pasta”, wat handel oor verhoudings tussen verskillende rasse in die Namibiese gemeenskap. Hierna woon sy ’n slypskool van tien dae in Zanzibar by. Haar kortverhaal “Bokse met druiwe en drome” word opgeneem in die versamelbundel “Lyfspel / Bodyplay”. Haar boek oor Essie Honiball, weduwee van die strokiesprentkunstenaar T.O. Honiball en self bekend vir haar vrugtediëte, word in 2010 onder die titel “Die ontwaking” gepubliseer. Benewens prosa skryf sy ook gedigte en haar kunswerk gebaseer op ’n gedig van haar, “Julle moet trek” (in samewerking met Berni Searle), word in 1999 by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees uitgestal. Publikasies[wysig | wysig bron] Jaar | Publikasie | ---|---| 1999 | Annerkant die longdrop | 2004 | Vaselinetjie | 2011 | Die ontwaking | Bronnelys[wysig | wysig bron] Boeke[wysig | wysig bron] - Kannemeyer, J.C. “Die Afrikaanse literatuur 1652-2004” Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe 2005 - Van Coller, H.P. (red.) “Perspektief en Profiel Deel 3” Van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 2006 Tydskrifte en koerante[wysig | wysig bron] - Anoniem “’Vaselinetjie’ silwerdoek toe” “Beeld” 25 November 2014 - De Kock, Gielie “‘Longdrop’ boek kry lof” “Rapport” 22 November 1998 - Engelbrecht, Theunis “Skrywer doodbang ná mans haar gryp” “Rapport” 12 September 2004 - Erasmus, Elfra “Anoeschka von Meck wen 3 literêre pryse op een aand” “Beeld” 17 Junie 2005 - Eybers, Johan “Rapport se Sonja wen ’n groot boekprys” “Rapport” 19 Junie 2005 - Jacoba, Jaco “Von Meck laat haar lei deur stories” “Plus” 14 Julie 2004 - Kleinboer “Snoek en sangria” “Rapport” 19 Junie 2005 - Loots, Sonja “Die Snoek loop weer” “Rapport” 7 November 2004 - Marais, Annemarie “Vér anderkant die longdrop” “Insig” Julie 2002 - Nieuwoudt, Stephanie “Swerwende Von Meck se lewe toe nie rigtingloos” “Plus” 3 Augustus 1999 - Retief, Hanlie “Sy’s ’n tolbos, nes pa Vloog” “Rapport” 23 Januarie 2011 Internet[wysig | wysig bron] - Brink, Minette Peterjasie: http://peterjasie.co.za/minette_anoeschka.html - Britz, Elretha Volksblad: http://22.214.171.124/argief/berigte/volksblad/1998/11/28/8/3.html - Die Burger: http://126.96.36.199/argief/berigte/dieburger/2014/11/25/8/Vaselinetjie_31_0_137232322.html - Coetzee, Gente Writers’ College: http://www.writerscollegeblog.co.za/an-interview-with-storyteller-and-writer-anoeschka-von-meck/ - Conradie, Rachelle Oulitnet: http://www.oulitnet.co.za/mond/anoeschka2.asp - Dreyer, Tom en Botha, Jaco Oulitnet: http://www.oulitnet.co.za/mond/anoeschka.asp - Engelbrecht, Theunis Rapport: http://188.8.131.52/argief/berigte/rapport/2004/09/12/R1/3/03.html - Herbert, Adri Volksblad: http://184.108.40.206/argief/berigte/volksblad/2000/12/1/7/1.html - Jacobs, Jaco Die Burger: http://220.127.116.11/argief/berigte/dieburger/2004/07/05/DB/6LDN/04.html - Kleinboer Rapport: http://18.104.22.168/argief/berigte/rapport/2005/06/19/RP/4/01.html - LinkedIn: https://za.linkedin.com/in/anoeschka - LitNet ATKV-Skrywersalbum 18 Mei 2016: http://www.litnet.co.za/anoeschka-von-meck-1967/ - Loots, Sonja Rapport: http://22.214.171.124/argief/berigte/rapport/2004/11/07/R1/28/02.html - Malan, Mariana Die Burger: http://126.96.36.199/argief/berigte/dieburger/2005/06/17/DB/10/mmanoesch.html - Malan, Mariana Die Burger: http://188.8.131.52/argief/berigte/dieburger/2010/01/08/SK/12/mmvaselinetjie.html - NB-Uitgewers: http://www.nb.co.za/authors/1965 - Nieuwoudt, Stephanie Beeld: http://184.108.40.206/argief/berigte/beeld/1999/08/03/4/2.html - Retief, Hanlie Rapport: http://220.127.116.11/argief/berigte/beeld/1999/08/03/4/2.html - Springbokboeke: http://www.springbokboeke.co.za/html/anoeschka_von_meck.html - Steinmair, Deborah Oulitnet: http://www.oulitnet.co.za/heupvuur/anoeschka.asp - Van Zyl, Johan Die Burger: http://18.104.22.168/argief/berigte/dieburger/1998/12/17/13/6.html Ongepubliseerde dokumente[wysig | wysig bron] - Hill, Jan “Von Meck, Anoeschka” Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) Bloemfontein 30 Mei 2006 Resensies[wysig | wysig bron] - Brink, André P. “Insig” November 1998 - Van Rensburg, Cas “Beeld” 19 April 1999 - Roux, Jaybee “Beeld” 1 Maart 2010 - Brümmer, Willemien “Beeld” 21 Januarie 2005 - Olivier, Fanie “Beeld” 24 Januarie 2005
<urn:uuid:3eaad640-3d6c-40bf-93a1-910c937062d1>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Anoeschka_von_Meck
2019-07-24T00:43:43Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530246.91/warc/CC-MAIN-20190723235815-20190724021815-00258.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999901
false
Celebessee Celebessee | | ---|---| Die Celebessee se noordelike grens, kusgebied van Maitum, Sarangani | | Kaart van die Celebessee | | Koördinate: | Koördinate: | Ligging: | Filippyne, Indonesië, Maleisië | Soort: | See van die Stille Oseaan | Oppervlakte: | 280 000 km² (110 000 myl²) | Gemiddelde diepte: | 4 000 m (13 000 vt) | Maksimum diepte: | 6 220 m (20 406 vt) | Lengte: | 675 km (420 myl) | Breedte: | 837 km (520 myl) | Eiland/e: | Borneo, Mindanao, Sangihe-eilande, Sulawesi, Sulu-argipel | Nedersettings: | Manado (Indonesië), Zamboanga Stad (Filippyne) | Die Celebessee (Engels: Celebes Sea, Filippyns: Dagat Selebes, Indonesies en Maleis: Laut Sulawesi) is 'n see van die Stille Oseaan in Asië tussen die Filippyne (Mindanao) in die noorde, Maleisië (Borneo) in die weste en Indonesië (Sulawesi) in die suide net noord van die ewenaar. Die Celebessee grens aan die Sulusee in die noorde, die Molukkesee in die suidooste en die Filippynse See in die ooste. Die Celebessee word deur die Makassar-straat met die Javasee in die suide verbind. Die see het 'n oppervlakte van sowat 280 000 km² en 'n gemiddelde diepte van 4 000 m.[1] Seerowery is 'n algemene verskynsel, veral naby die kus van Borneo.
<urn:uuid:662fa835-ef75-4355-ad54-fbec2a478e1f>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Celebessee
2019-07-24T01:04:41Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530246.91/warc/CC-MAIN-20190723235815-20190724021815-00258.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999193
false
Sauropoda Sauropoda Tydperk: Laat Trias-Laat Kryt 210–66 m. jaar gelede | |||||||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Ook: Souropodes | |||||||||||||||| Die skelet van ’n Apatosaurus louisae (Carnegie-museum van Natuurgeskiedenis). | |||||||||||||||| Wetenskaplike klassifikasie | |||||||||||||||| Sauropoda | |||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Kladistiese klassifikasie | |||||||||||| Subgroepe | |||||||||||| Sauropoda, of die souropodes ("met akkedisvoete"), was ’n infraorde van Saurischia-dinosourusse. Hulle het baie lang nekke en sterte, klein koppe (in vergelyking met die res van hul lyf) en dik, bonkige bene gehad. Hulle is merkwaardig vanweë die enorme grootte van sommige spesies – die groep sluit die grootste diere in wat op aarde geloop het. Bekende genera sluit in Brachiosaurus, Diplodocus en Apatosaurus (wat volgens die huidige klassifikasie ’n vroeëre sinoniem vir Brontosaurus) is. Souropodes het in die Laat Trias-periode vir die eerste keer hul verskyning gemaak. Teen die Laat Jura (150 miljoen jaar gelede) het souropodes wydverspreid voorgekom en teen die Laat Kryt is hulle hoofsaaklik vervang deur titanosourusse, wat feitlik wêreldwyd voorgekom het. Laasgenoemde het saam met alle ander nie-vlieënde dinosourusse uitgesterf tydens die Kryt-Paleogeen-uitwissing. Fossiele oorblyfsels van souropodes is op al die kontinente ontdek, insluitende Antarktika. Die naam is in 1878 deur die Amerikaanse paleontoloog O.C. Marsh gevestig en is afgelei van die Grieks vir "akkedisvoet".[1] Souropodes is een van die mees herkenbare groepe dinosourusse en word algemeen voorgestel in verskeie kunsvorms vanweë hul grootte. Volledige souropode-fossiele is skaars. Baie spesies, veral die grootstes, is net bekend uit geïsoleerde stukke bene. Baie feitlik volledige fossiele kom koppe, sterte of ledemate kort. Inhoud Beskrywing[wysig | wysig bron] Souropodes was plantvretende, vierpotige diere met meestal lang nekke,[2] dikwels met roerspaanvormige tande (breed by die basis en smaller bo). Hulle het klein koppe en massiewe lywe gehad, en die meeste se sterte was lank. Hul agterbene was dik, reguit en kragtig. Hulle het vyf tone gehad, waarvan die binneste drie (of soms vier) kloue gehad het. Hul voorste ledemate was dunner en het in pilaaragtige pote geëindig wat hul gewig kon steun; net die duim het ’n klou gehad. Grootte[wysig | wysig bron] Die souropodes se mees bekende eienskap was hul grootte. Selfs die dwerg-souropodes soos Europasaurus (moontlik 5 tot 6 meter lank) was van die grootste diere in hul onderskeie ekosisteme. Hul enigste mededingers wat grootte betref, was vinwalvisse soos die blouwalvis. Maar anders as walvisse het hulle hoofsaaklik op land voorgekom. Hul liggaamstruktuur het nie so baie gewissel soos dié van ander dinosourusse nie, moontlik vanweë groottebeperkings, maar daar was tog variasies. Sommige, soos die Diplodocidae, het uiters lang sterte gehad, wat hulle moontlik soos ’n sweep kon klap om hul aanvallers af te skrik of te beseer.[3] Supersaurus, wat 33 tot 34 m lank was,[4] was die langste souropode waarvan ’n feitlik volledige skelet ontdek is, maar die ou rekordhouer, Diplodocus, was ook baie lank. Die holotipe-ruggraat van Amphicoelias fragillimus, wat nou weg is, kon dié gewees het van ’n dier van 58 m lank;[5] sy werwelkolom sou veel langer gewees het as dié van die blouwalvis. Die langste moderne dier op land, die luislang Python reticulatus, word net sowat 8,7 m lank.[6] Ander, soos die Brachiosauridae, was uiters hoog, met hoë skouers en uiters lang nekke. Sauroposeidon was moontlik die hoogste – tot sowat 18 m. In vergelyking daarmee word die kameelperd, die hoogste van alle lewende diere, net 4,8 tot 5,5 m hoog. Sommige souropodes was ongelooflik swaar – Argentinosaurus was moontlik die swaartse: 80 tot 100 ton. Paralititan, Antarctosaurus en Argyrosaurus was amper net so swaar. Daar is skamele getuienis van ’n moontlik swaarder titanosouriër, Bruhathkayosaurus, wat tussen 175 en 220 ton kon geweeg het. Die grootste lewende landdier, die savanne-olifant, weeg nie meer as 10 ton nie. Onder die kleinste souropodes tel die primitiewe Ohmdenosaurus (4 m lank), die dwerg-titanosourus Magyarosaurus (5,3 m) en die dwerg-brachiosouride Europasaurus, wat as ’n volgroeide dier 6,2 m lank was.[7] Ook noemenswaardig is die Brachytrachelopan, wat die kortste lid van die groep was vanweë sy besonder kort nek. Anders as ander souropodes, waarvan die nek tot vier keer so lank as die rug was, was die Brachytrachelopan se nek korter as sy rug. Ledemate[wysig | wysig bron] As enorme, swaar viervoetiges het souropodes gespesialiseerde ledemate ontwikkel wat hul gewig sou kon dra. Die agterbene was breed en die meeste spesies het drie kloue agter gehad.[8] Wat veral van ander diere verskil het, was die hoogs aangepaste voorpote (manus). Dit het glad nie gelyk soos dié van moderne vierpotiges, soos die olifant, nie. In plaas van uitsprei na die kante, was souropodes se manus-bene gerangskik in ten volle vertikale kolomme, met uiters kort vingerbene.[9] Die rangskikking van die voorpootkolomme was halfsirkelvormig en daarom het souropodes se voetafdrukke soos hoefysters gelyk. Hulle het waarskynlik nie vlesige kussings gehad soos die olifant nie en die voorpote was dus konkaaf.[9] Die enigste klou wat sigbaar was, was die besonderse duimklou. Feitlik alle souropodes het hulle gehad, hoewel die doel daarvan onbekend is. Latere titanosourusse het nie die duimklou gehad nie; dié diere was ongewoon vir souropodes aangesien hulle ook geen tone aan die voorpote gehad het nie. Hulle het op "stompies" geloop.[10] Lugsakke[wysig | wysig bron] Die voëlagtige holtes in souropodes se bene is vroeg reeds ontdek; minstens een souropode-fossiel wat in die 19de eeu ontdek is, Ornithopsis, is as gevolg daarvan aanvanklik verkeerd geklassifiseer as ’n pterosourus (’n vlieënde reptiel).[12] Pantsers[wysig | wysig bron] Sommige souropodes het pantsers gehad. Daar was genera met klein knotse aan hul sterte, soos Shunosaurus, en verskeie titanosourusse soos Saltasaurus en Ampelosaurus het klein, skubberige osteoderms gehad wat dele van hul lywe bedek het. Tande[wysig | wysig bron] In ’n studie deur Michael D’Emic en sy kollegas van Stony Brook-universiteit is bevind souropodes het dikwels tande gewissel vanweë hul groot aptyt. Volgens die studie is elke tand van Nigersaurus byvoorbeeld elke 14 dae vervang, dié van Diplodocus elke 35 dae en dié van Camarasaurus elke 62 dae.[13] Die wetenskaplikes het bevind sekere eienskappe van die tande bepaal hoe lank hulle vat om terug te groei; Camarasaurus se tande het langer gevat as dié van Diplodocus omdat hulle groter was.[14] D'Emic en sy span het ook bevind die verskille in tande dui op verskillende diëte. Diplodocus het plante naby die grond gevreet, terwyl Camarasaurus blare van die boonste en middelste boomtakke gevreet het. Volgens die wetenskaplikes het die gespesialiseerde diëte die verskillende plantvretende dinosourusse in staat gestel om saam te bestaan.[13][14] Paleobiologie[wysig | wysig bron] Ekologie[wysig | wysig bron] Toe souropodes vir die eerste keer ontdek is, het wetenskaplikes hulle met moderne walvisse vergelyk vanweë hul enorme grootte. In die meeste studies van die 19de en vroeë 20ste eeu is bevind souropodes was te swaar om hul eie gewig op land te kon dra en daarom moes hulle waterdiere gewees het. Die meeste kunsvoorstellings van die diere regdeur die eerste driekwart van die 20ste eeu is van waar die diere heeltemal of gedeeltelik met water bedek is.[15] Aan die begin van die 1950's het wetenskaplikes begin twyfel aan dié teorie toe ’n studie deur Kermack (1951) gewys het die druk van die water sou die longe en lugweg inmekaargedruk het as die dier ’n paar meter diep in die water was.[16] In dié studie is bewyse dat souropodes talle lugsakke gehad het, egter geïgnoreer. In die vroeë 1970's is die uitwerking van souropodes se lugsakke op hul veronderstelde seelewe begin ondersoek. Paleontoloë soos Coombs en Bakker het dit gebruik om te bewys souropodes was hoofsaaklik landdiere. In 2004 het D.M. Henderson daarop gewys dat souropodes vanweë hul lugsakke nie heeltemal in die water sou kon afsak nie en dat hulle dus bo-op sou dryf; daarom sou die water nie hul longe inmekaardruk nie.[15] Vanweë hul liggaamsproporsies sou drywende souropodes egter baie onstabiel gewees het en hulle was nie aangepas om vir lang tye in die water te bly nie.[15] Al word daar nie meer geglo souropodes was waterdiere nie, is daar getuienis dat hulle wel nat omgewings en kushabitats verkies het. Voetspore is dikwels aan kuslyne of oor vloedvlaktes gevind, en souropode-fossiele word dikwels ontdek in nat omgewings of saam met fossiele van see-organismes.[15] Tropvorming en ouerskap[wysig | wysig bron] Daar is baie getuienis dat souropodes kuddediere was wat troppe gevorm het. Die soort troppe het egter van spesie tot spesie verskil. Op sommige terreine, soos in Argentinië, is bewyse uit die Middel-Jura gevind dat individue van verskillende ouderdomsgroepe – volgroeide en jong diere – saam troppe gevorm het. Op ander terreine is voorbeelde gevind van souropodes wat in troppe gereis het wat volgens ouderdom geskei was, met jong en volgroeide diere in apart groepe. Sulke geskeide troppe is gevind met betrekking tot spesies soos Alamosaurus, Bellusaurus en sommige lede van die familie Diplodocidae.[17] Myers en Fiorillo het in ’n studie bevind volgroeide en jong souropodes se tande verskil en dit dui op verskillende diëte, en daarom sou dit doeltreffender gewees het om in aparte groepe te reis. Die enorme verskille in grootte sou ook ’n rol kon gespeel het.[17] Aangesien die skeiding moes plaasgevind het kort nadat die kleintjies uitgebroei het, tesame met bewyse dat souropodes vroegselfstandig was, het Myers en Fiorillo tot die gevolgtrekking gekom dat spesies met geskeide troppe nie veel tekens van ouersorg getoon het nie.[17] Wetenskaplikes wat gemengde groepe bestudeer het, het weer tot die gevolgtrekking gekom dat sulke spesies vir ’n lang tyd na hul kleintjies omgesien het.[18] Dit is onbekend in hoe ’n mate die voorkoms van gemengde en geskeide troppe van groep tot groep gewissel het. Nog voorbeelde van kuddevorming moet ontdek word om patrone te kan onderskei.[17] Regop houding[wysig | wysig bron] Wetenskaplikes soos Henry Fairfield Osborn het vroeg reeds vermoed souropodes kon op hul agterpote staan en hul stert gebruik as die derde "poot" van ’n driepoot.[19] In ’n 2005-verslag het Rothschild en Molnar geredeneer as souropodes soms op hul agterpote kon staan, sou daar bewyse moes wees van stresfrakture in die voorpote. Geen sulke bewyse is egter gevind nie nadat hulle ’n groot verskeidenheid souropode-skelette ondersoek het.[20] Heinrich Mallison was in 2009 die eerste wetenskaplike wat die fisieke potensiaal van verskeie souropodes ondersoek het om op hul agterpote te kan staan. Hy het bevind sekere eienskappe wat voorheen verbind is met so ’n houding, het eintlik geen verband daarmee gehad nie (soos die breë heupbene van titanosourusse) of sou dit eintlik belemmer het. Titanosourusse het byvoorbeeld ’n baie buigbare ruggraat gehad wat hom onstabiel sou maak as hy op sy agterpote staan en meer stremming op die spiere sou plaas. Dit is ook onwaarskynlik dat brachiosourides op hul agterpote kon staan, aangesien hul swaartekragmiddelpunt veel verder vorentoe was as dié van ander souropodes en dit sou hulle in so ’n houding onstabiel gemaak het.[21] Diplodosides was aan die ander kant blykbaar beter aangepas vir ’n driepoothouding. Hul swaartekragmiddelpunt was reg bo die heupe en dit sou hulle genoeg balans gegee het om op twee pote te staan. Hulle het ook die mees beweeglike nekke van alle souropodes gehad, asook ’n goed gespierde heupgordel en stertwerwels met ’n gespesialiseerde vorm sodat die stert gewig sou kon dra op die punt waar dit aan die grond geraak het. Mallison het gereken diplodosides was beter aangepas om regop te staan as olifante, wat dit soms in die natuur doen.[21] Grootte-evolusie[wysig | wysig bron] Verskeie wetenskaplikes het probeer uitvind hoekom souropodes so groot geword het. Dit het al vroeg in die diere se evolusie gebeur, selfs met die verskyning van die eerste ware souropodes in die Laat Trias-periode. Volgens Kenneth Carpenter moes die faktor wat tot die grootte van dié diere gelei het, van die begin van die groep se ontstaan reeds teenwoordig gewees het.[5] Studies van plantvretende soogdiere wat baie groot word, soos olifante, toon groter diere verteer kos beter. Omdat hul spysverteringstelsel langer is, bly kos aansienlik langer daarin en daarom kan diere op kos van laer gehalte oorleef. Gedurende souropodes se hele evolusiegeskiedenis is hulle hoofsaaklik in halfdroë gebiede aangetref wat in sekere seisoene droër was, en dit het tot ’n laer kosgehalte in dié seisoene gelei. Die omgewing van die meeste souropodes van die Laat Jura was hoofsaaklik savanne, en dit ondersteun die teorie dat swak kosgehalte lei tot die evolusie van reusagtige plantvreters.[5] Ontdekkingsgeskiedenis[wysig | wysig bron] Die eerste stukke fossiele oorblyfsels wat nou as dié van souropodes erken word, kom almal uit Engeland en is aanvanklik op verskeie manier vertolk. Hul verwantskap met ander dinosourusse sou eers lank ná hul ontdekking besef word. Die eerste souropode-fossiel wat wetenskaplik beskryf is, was ’n enkele tand wat die naam Rutellum implicatum gekry het.[22] Die fossiel is in 1699 deur die Wallieser Edward Lhuyd beskryf, maar is nie destyds herken as ’n reusagtige prehistoriese reptiel nie.[23] Dinosourusse sou eers meer as ’n eeu later as ’n groep erken word. Die Engelse paleontoloog Richard Owen het in 1841 die eerste moderne wetenskaplike beskrywing van souropodes gepubliseer in sy verslag oor Cetiosaurus en Cardiodon. Cardiodon was net bekend uit twee ongewone, hartvormige tande (vandaar sy naam). Al wat van die tande bekend was, was dat hulle behoort het aan ’n voorheen onbekende, groot reptiel. Cetiosaurus was bekend uit effens beter, maar steeds brokkige oorblyfsels. Owen het destyds gedink Cetiosaurus was ’n reusagtige seereptiel wat aan die moderne krokodil verwant was, vandaar sy naam ("walvisakkedis"). ’n Jaar later, toe Owen die naam Dinosauria gevestig het, het hy nie Cetiosaurus en Cardiodon in dié groep ingesluit nie.[24] In 1850 het Gideon Mantell die verwantskap besef tussen dinosourusse en verskeie bene wat Owen as Cetiosaurus geklassifiseer het. Hy het opgelet die bene in die dier se pote het ’n murgholte, wat kenmerkend is van landdiere. Hy het hulle onder die nuwe genus Pelorosaurus geklassifiseer saam met dinosourusse. Mantell het egter steeds nie die verwantskap met Cetiosaurus besef nie.[12] Die volgende souropode wat ontdek en verkeerd geklassifiseer is, was ’n stel heupwerwels wat Harry Seeley in 1870 beskryf het. Seeley het gesien die werwels is baie lig vir hul grootte en bevat holtes vir lugsakke. Die enigste bekende diere destyds met lugsakke was voëls en pterosourusse, en Seeley het gemeen die werwels behoort aan ’n pterosourus. Hy het die nuwe genus Ornithopsis ("voëlgesig") genoem.[12] Toe vollediger oorblyfsels van Cetiosaurus in 1871 deur Phillips beskryf is, het hy eindelik besef die dier is ’n dinosourus wat aan Pelorosaurus verwant is.[25] Dit was egter eers met die ontdekking van byna volledige souropode-skelette (Apatosaurus en Camarasaurus) in die VSA later dié jaar dat die volledige prentjie van souropodes duidelik geraak het. John A. Ryder het ’n benaderde rekonstruksie van ’n volledige souropode-skelet gemaak wat gebaseer was op die oorblyfsels van Camarasaurus, hoewel baie eienskappe steeds onakkuraat of onvolledig was volgens latere vondste en biomeganiese studies.[26] In 1877 het Richard Lydekker nog ’n verwant van Cetiosaurus genoem, naamlik Titanosaurus, gebaseer op ’n enkele werwel.[12] In 1878 is die volledigste souropode nog gevind. Dit is beskryf deur Othniel Charles Marsh, wat dit Diplodocus genoem het. Met hierdie vonds het Marsh ’n nuwe groep geskep wat Diplodocus, Cetiosaurus en hul toenemende aantal verwante bevat om hulle te onderskei van ander groot groepe dinosourusse. Marsh het die groep Sauropoda ("akkedisvoete") genoem.[12] Klassifikasie[wysig | wysig bron] Sauropoda | Verwysings[wysig | wysig bron] - (1878) “Principal characters of American Jurassic dinosaurs. Part I".”. American Journal of Science and Arts 16: 411–416. - (2013) “Why sauropods had long necks; and why giraffes have short necks”. PeerJ 1: e36. doi:10.7717/peerj.36. - Bakker, Robert (1994). "The Bite of the Bronto" Earth 3:(6):26–33. - Lovelace, David M.; Hartman, Scott A.; and Wahl, William R. (2007). “Morphology of a specimen of Supersaurus (Dinosauria, Sauropoda) from the Morrison Formation of Wyoming, and a re-evaluation of diplodocid phylogeny”. Arquivos do Museu Nacional 65 (4): 527–544. - Carpenter, K. (2006). "Biggest of the big: a critical re-evaluation of the mega-sauropod Amphicoelias fragillimus." In Foster, J.R. and Lucas, S.G., eds., 2006, Paleontology and Geology of the Upper Jurassic Morrison Formation. New Mexico Museum of Natural History and Science Bulletin 36: 131–138. - Murphy JC, Henderson RW. 1997. Tales of Giant Snakes: A Historical Natural History of Anacondas and Pythons. Krieger Pub. Co. 221 pp. ISBN 0-89464-995-7. - (2006) “Bone histology indicates insular dwarfism in a new Late Jurassic sauropod dinosaur”. Nature 441 (7094): 739–41. doi:10.1038/nature04633. - Bonnan, M.F. 2005. Pes anatomy in sauropod dinosaurs: implications for functional morphology, evolution, and phylogeny; pp. 346-380 in K. Carpenter and V. Tidwell (reds.), Thunder-Lizards: The Sauropodomorph Dinosaurs. Bloomington, IN: Indiana University Press. - (2003) “The evolution of manus shape in sauropod dinosaurs: Implications for functional morphology, forelimb orientation, and phylogeny”. Journal of Vertebrate Paleontology 23 (3): 595. doi:10.1671/A1108. - Apesteguía, S. (2005). "Evolution of the titanosaur metacarpus". Pp. 321-345 in Tidwell, V. and Carpenter, K. (eds.) Thunder-Lizards: The Sauropodomorph Dinosaurs. Indianapolis: Indiana University Press. - Wedel, M.J. (2009). "Evidence for bird-like air sacs in Saurischian dinosaurs". (pdf) Journal of Experimental Zoology, 311A: 18pp. - Taylor, M.P. (In press). "Sauropod dinosaur research: a historical review". In Richard Moody, Eric Buffetaut, David M. Martill and Darren Naish (eds.), Dinosaurs (and other extinct saurians): a historical perspective. HTML abstract. - D’Emic, Michael D.,Whitlock, John A., Smith, Kathlyn M., Fisher, Daniel C., Wilson, Jeffrey A. (17 July 2013). “Evolution of High Tooth Replacement Rates in Sauropod Dinosaurs”. PLOS ONE 8 (7): e69235. doi:10.1371/journal.pone.0069235. - Barber, Elizabeth (2004-06-09). "No toothbrush required: Dinosaurs replaced their smile every month.". Christian Science Monitor. Besoek op 2013-08-14. - Henderson, D.M. (2004). "Tipsy punters: sauropod dinosaur pneumaticity, buoyancy and aquatic habits." Proceedings of the Royal Society of London B, 71: S180–S183. doi:10.1098/rsbl.2003.0136 - (1951) “A note on the habits of sauropods”. Ann. Mag. Nat. Hist. 4: 830–832. - (2009) “Evidence for gregarious behavior and age segregation in sauropod dinosaurs”. Palaeogeography, Palaeoclimatology, Palaeoecology 274: 96–104. - (1994) “On a monospecific assemblage of sauropod dinosaurs from Patagonia: implications for gregarious behavior”. GAIA 10: 209–213. - (1899) “A Skeleton of Diplodocus, Recently Mounted in the American Museum”. Science 10 (259): 870–4. doi:10.1126/science.10.259.870. - Rothschild, B.M. and Molnar, R.E. (2005). "Sauropod Stress Fractures as Clues to Activity". In Carpenter, K. and Tidswell, V. (eds.). Thunder Lizards: The Sauropodomorph Dinosaurs. Indiana University Press. pp. 381–391. ISBN 0-253-34542-1. - Mallison, H. (2009). "Rearing for food? Kinetic/dynamic modeling of bipedal/tripodal poses in sauropod dinosaurs". P. 63 in Godefroit, P. en Lambert, O. (reds), Tribute to Charles Darwin and Bernissart Iguanodons: New Perspectives on Vertebrate Evolution and Early Cretaceous Ecosystems. Brussels. - (2002) “The earliest discoveries of dinosaurs: the records re-examined”. Proceedings of the Geologists' Association 113: 185–197. doi:10.1016/S0016-7878(02)80022-0. - Lhuyd, E. (1699). Lithophylacii Britannici Ichnographia, sive lapidium aliorumque fossilium Britannicorum singulari figura insignium. Gleditsch and Weidmann: London. - Owen, R. (1842). "Report on British Fossil Reptiles". Part II. Report of the British Association for the Advancement of Science, Plymouth, England. - Phillips, J. (1871). Geology of Oxford and the Valley of the Thames. Oxford: Clarendon Press, 523 pp. - Osborn, H.F., and Mook, C.C. (1921). "Camarasaurus, Amphicoelias and other sauropods of Cope". Memoirs of the American Museum of Natural History, n.s. 3:247-387 en plate LX-LXXXV. - (2011) “A New Basal Sauropodomorph (Dinosauria: Saurischia) from Quebrada del Barro Formation (Marayes-El Carrizal Basin), Northwestern Argentina”. PLoS ONE 6 (11): e26964. doi:10.1371/journal.pone.0026964. Bronne[wysig | wysig bron] - Bob Strauss, 2008, Sauropods: The Biggest Dinosaurs that Ever Lived, The New York Times - Kristina Curry Rogers en Jeffrey A. Wilson, 2005, The Sauropods: Evolution and Paleobiology, University of California Press, Berkeley, ISBN 0-520-24623-3 - Upchurch, P., Barrett, P.M. en Dodson, P. 2004. Sauropoda. In The Dinosauria, 2de uitg. D. Weishampel, P. Dodson enH. Osmólska (reds.). University of California Press, Berkeley. Pp. 259–322.
<urn:uuid:163427a0-8190-4907-8568-2d280e5e5479>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Souropode
2019-07-24T00:53:29Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530246.91/warc/CC-MAIN-20190723235815-20190724021815-00258.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999659
false
Maak hoofkeuseskerm oop Soek Wysigings ← Ouer wysiging Nuwer wysiging → Britse Statebond (wysig) Wysiging soos op 00:37, 3 November 2011 32 grepe bygevoeg , 7 jaar gelede k r2.6.4) (robot Bygevoeg: nso:Commonwealth of Nations [[nn:Det britiske samveldet]] [[no:Samveldet av nasjoner]] [[nso:Commonwealth of Nations]] [[oc:Commonwealth]] [[pl:Wspólnota Narodów]] EmausBot 46 392 wysigings Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/860261 "
<urn:uuid:9494f359-2b7a-4be0-a924-358a5b7c09d4>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/860261
2019-07-17T19:27:35Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525374.43/warc/CC-MAIN-20190717181736-20190717203736-00042.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.931952
false
Abrahama Coetsee Abrahama Johanna Vorster (née Coetsee, 27 Januarie 1865, Reddersburg – 19 Mei 1943, Pretoria), was ’n dogter van ds. A.J.J. de Klerk Coetsee, predikant van Philipstown (1869–1872) en Reddersburg (1872–1903), en eggenote van ds. Louis Vorster, predikant in die Gereformeerde Kerk en Volksraadslid. Lewensloop[wysig | wysig bron] Abrahama Coetsee is op 20 Februarie 1882 met ds. L.P. Vorster getroud toe hy nog student in die teologie aan die Teologiese Skool Burgersdorp was. Die egpaar het op die volgende dorpe gewoon waar ds. Vorster predikant was: Philipstown, 1884–1893, Burgersdorp, 1893–1905, Rustenburg, 1905–1922 en Krugersdorp, 1922–1928. Op Rustenburg het hulle egter nie die hele tyd gewoon nie aangesien ds. Vorster in 1915 gekies is as lid van die Volksraad en hulle, in die tyd toe hy lid van dié vergadering was, op ander plekke gewoon het. Nadat ds. Vorster in 1928 sy emeritaat ontvang het, het die hulle 'n rukkie gaan woon op hul plaas in die distrik Ermelo. Hier het haar man later siek geword en is hulle verplig om die boerdery te laat vaat. Sy laaste lewensjare het die egpaar in Pretoria deurgebring, waar sy nege jaar ná haar man oorlede is in die Volkshospitaal, hoewel sy toe meestal op Rustenburg gewoon het. Ná die oorlyde van ds. Vorster op 9 September 1934, het mev. Vorster af en toe op Rustenburg kom bly; soms was sy elders by kinders van haar. Op 21 Mei 1943 is sy in die kerkhof op Rustenburg, langsaan haar eggenoot, begrawe. Waardering[wysig | wysig bron] Ds. D.N. Kotzé, leraar van Rustenburg ten tyde van mev. Vorster se dood, het in die Almanak van 1944 geskryf: "(Mev.) Vorster het ongetwyfeld baie beteken vir al die gemeentes van ons kerk wat deur wyle ds. Vorster bedien is, maar veral vir Rustenburg. 'n Mens dink onwillekeurig aan die invloed wat van haar uitgegaan het deur haar omgang met lidmate. Sy was vriendelik, en gemeentelede het gevoel dat hulle welkom was in haar huis. Die jonger geslag in die gemeente hier weet nie meer veel van haar af nie, maar die oueres wat haar geken het, praat nog met waardering oor haar. 'n Mens mag ook nie vergeet nie dat hy baie opofferinge vir haar kerk gemaak het waar sy, soos dit in dié dae gegaan het, dikwels alleen tuis moes bly terwyl haar man op reis was met huisbesoeke of vir die bediening van konsulentsgemeentes, en die reise het in die dae maar baie tyd geneem, want motorkarre was daar toe nog nie. "(Mev.). Vorster het mooi eienskappe gehad. Een van hulle was ongetwyfeld haar vriendelikheid. Sy was ook aldae eenders, en dit was altyd aangenaam om haar te ontmoet. Haar kerk het sy liefgehad. Ek het verneem dat dit ook haar begeerte was om maar weer in 'n gemeente te wees toe aan wyle ds. Vorster aangebied is om lid van die Senaat te word en hy besluit het om die aanbod nie te aanvaar nie, maar liewer weer vir 'n gemeente te kom arbei. Vir my as predikant was dit 'n eer en 'n voorreg om die ou moeder af en toe te besoek. Ook haar vriendelike besoeke aan die pastorie het ons gewaardeer. Ons sal haar baie mis. 'n Groot voorreg wat sy gehad het, is dat sy lank sterk gebly het en dus maklik kon rondgaan om haar kinders, wat op verskillende plekke woon, te besoek." Gesinslewe[wysig | wysig bron] Uit ds. en mev. Vorster se huwelik is 12 kinders gebore (nege dogters – een van hulle is vroeg oorlede – en drie seuns). Die getal kinders, klein- en agterkleinkinders wat ten tyde van haar dood nog gelewe het, was 91. Van die kinders was dr. Steyn Vorster, regspraktisyn in Pretoria, en 'n dogter, Susanna, wat met ds. H.J.R. du Plessis (predikant van Erasmus van 1907 tot sy aftrede in 1953) getroud was. Nog 'n dogter, Martha, was getroud met ds. D.P. du Plessis, seun van ds. L.J. du Plessis en broer van prof. J.A. du Plessis en ten tyde van sy dood leraar van die Gereformeerde kerk Ladybrand. Die sorg van haar kinders is aan mev. Vorster toevertrou, ook in die tyd toe haar man parlementslid was. Op Rustenburg het sy lank as voorsitster van die Gereformeerde Sustersvereniging opgetree. Kinders[wysig | wysig bron] - Catharina Gertruida Vorster, gebore 7 Januarie 1883 - Susanna Vorster, gebore 18 April 1884, Burgersdorp, oorlede 21 Junie 1973 - Johanna Vorster, gebore 22 Januarie 1887, Philippolis - Martha Vorster, gebore 12 Junie 1888, oorlede 4 Junie 1958 getroud met ds. D.P. du Plessis (1883–1941) - Louise Petronella Vorster, gebore 4 April 1890, Philippolis - Jan Abraham Vorster, gebore 19 November 1893, oorlede 12 Desember 1918, Kaapstad - Francina Magdalena Sophia Vorster, gebore 15 Julie 1895 - Hester Margaretha Vorster, gebore 25 Junie 1898, Burgersdorp, getroud met David Jacobus Postma - Marthinus Steyn Vorster, gebore 9 Augustus 1900, Burgersdorp, oorlede 25 November 1937, Rustenburg - Abraham Adriaan Jacobus Vorster, gebore 27 Oktober 1902, Burgersdorp, oorlede 3 Januarie 1962, Knoppieslaagte, Pretoria - Wilhelmina Vorster, gebore 3 Januarie 1909, oorlede 17 Oktober 1990, Pretoria Bronne[wysig | wysig bron] - ( Die Gereformeerde Vroueblad. 1959. Die Gereformeerde vrou 1859–1959. Potchefstroom: Potchefstroom Herald. ) - ( ) Du Plessis, ds. D.P. in Van der Walt, ds. N.H. (hoofred.). 1934. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1935. Een-en-sestigste jaargang. Potchefstroom: Adm. Buro.
<urn:uuid:b97cc38a-920e-415a-9da1-c14b5a862eb2>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Abrahama_Coetsee
2019-07-17T19:08:53Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525374.43/warc/CC-MAIN-20190717181736-20190717203736-00042.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999992
false
Arthur Barlow Arthur Godfrey Barlow (Bloemfontein, 4 Mei 1876 – Kaapstad – 18 Mei 1962) was 'n kleurryke Suid-Afrikaanse politikus en joernalis, wat in sy lang politieke loopbaan agtereenvolgens die Arbeidersparty, Verenigde Party en Nasionale Konserwatiewe Party in die Volksraad verteenwoordig het. Herkoms[wysig | wysig bron] Hy was die seun van Alfred Barlow, wat 'n lid was van die Oranje-Vrystaat se Volksraad en eienaar-redakteur van The Friend in Bloemfontein. Hy begin sy loopbaan as verslaggewer by The Friend en word op 23 'n ruk lank die koerant se redakteur. As vlymskerp politieke verslaggewer was hy heelwat later ook redakteur van die Sunday Express en Daily Express in Johannesburg en die stigter van Arthur Barlow's Weekly. Hy was betrokke by verskeie uitgewerye en dukkerye. In sy vroeë dertigerjare tree hy toe tot die Wetgewende Vergadering van die Oranje-Vrystaat-Kolonie en bly jare lank 'n omstrede politieke figuur. Nasionale politiek[wysig | wysig bron] In 1921 tree hy toe tot die Volksraad toe hy as Arbeider-L.V. vir die kiesafdeling Bloemfontein-Noord verkies word. Hy werk nou saam met genl. J.B.M. Hertzog se Nasionale Party. In 1925 bring hy 'n mosie, wat die Parlement aanvaar het, dat geen verdere Britse titels aan Suid-Afrikaanse burgers toegeken moet word nie. Hy verlaat die Parlement van 1929 tot 1943 se verkiesing en tree 'n tyd lank op as persgalery-kommentator. In 1943 keer hy terug na die Volksraad as die Verenigde Party se L.V. vir Johannesburg-Hospitaal. Die V.P.-leier, adv. J.G.N. Strauss skort hom en enkele ander L.V.'s egter in 1953 omdat hulle 'n kompromis met die regering oor die Kleurlingstemregvraagstuk voorgestel het. Hy sluit hom aan by Bailey Bekker se Nasionale Konserwatiewe Party, maar bly net tot en met die 1958-verkiesing L.V. Helen Suzman oor Arthur Barlow[wysig | wysig bron] Helen Suzman, wat ses jaar ná Barlow die Verenigde Party verlaat het, hy om sy regse opvattings, sy om haar linkse opvattings, beskryf Barlow in haar outobiografie, In no uncertain terms, as 'n "thoroughly objectionable man" en 'n "bose ou leuenaar wat, ten einde sy standpunte te staaf, voortdurend verregaande stellings aangehaal het, na bewering gemaak deur belangrike, oorlede mense, soos genl. Jan Smuts". Suzman vertel nadat Barlow uit die Verenigde Party geskors is, het hy dikwels opgemerk wanneer sy 'n opmerking gemaak het terwyl hy gepraat het: "Dis weer die dame van Litaue." Sy sê sy was nie soseer besorg oor sy anti-Semitiese belediging nie, hoewel sy trouens een geslag verwyder was van haar Joodse voorouers uit Oos-Europa. "Wat my wel gepla het, was dat hy altyd dié woorde uitgevee het uit die parlementêre rekord Hansard, wat L.V.'s onder oë gekry het om taalfoute en herhalings reg te stel voor dit gepubliseer is, maar waaraan hulle nie veranderings kon aanbring nie. Sy het hom eendag in die Parlement se gang trompop geloop en gedreig as hy nie ophou met sy aanmerkings nie, sou sy verseker dat die pers daarvan te hore kom, wat sy Joodse kiesers aanstoot sou gee en dat sy hom by die Speaker sou verkla omdat hy met die parlementêre rekord gepeuter het. Hy het dit volgens Suzman nooit weer gedoen nie. Suzman het die "aaklige ou man" in eie munt terugbetaal toe hy eendag in 'n toespraak die hoë moordsyfer in sy kiesafdeling betreur het. Suzman skryf: "Ek het net ná hom gepraat en vir die Huis gesê dat as hy dit ooit sou waag om sy voete in sy kiesafdeling te sit, die moordsyfer met een sou toeneem – 'n opmerking wat hartlike 'hoor-hoors' van die lede uitgelok het." Bronne[wysig | wysig bron] - Potgieter, D.J. (red.). 1970. Standard Encyclopaedia of Southern Africa. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery Ltd. - Suzman, Helen. 1993. In no uncertain terms. London: Sinclair-Stevenson.
<urn:uuid:d54ef03f-db9d-4389-8db0-b352a476d41c>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Arthur_Barlow
2019-07-17T18:54:03Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525374.43/warc/CC-MAIN-20190717181736-20190717203736-00042.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
1.000004
false
George Weideman George Weideman (*2 Julie 1947, Cradock – †28 Augustus 2008, Belville)[1] was 'n Afrikaanse digter, skrywer en dramaturg. Weideman beperk homself nie tot een genre of skryfstyl nie. Benewens die verskeie dramas en radiodramas wat uit sy pen verskyn, publiseer hy ook kortverhaal- en digbundels. Hy publiseer ook romans, onder sy eie naam, sowel as die skuilnaam S.E. Lessing. Verder is hy is ook 'n bekroonde kinder- en jeugverhaalskrywer en lewer hy ook 'n bydrae tot die Afrikaanse letterkunde deur middel van die onderskeie vertalings en samestellings waarby hy betrokke is. Inhoud - 1 Lewe en werk - 2 Skryfwerk - 3 Eerbewyse - 4 Publikasies - 5 Verwysings Lewe en werk[wysig | wysig bron] Vroeë lewe en herkoms[wysig | wysig bron] George Henry Weideman is op 2 Julie 1947 op Cradock gebore as die laatlam van vier kinders in ’n onderwysgesin. Hy het ’n broer, Hennie, en twee susters, Marietjie en Fesia. Sy pa, Floris Johannes Weideman (1903–1986), was nie net onderwyser nie, maar ook boer, skrynwerker, kulkunstenaar en dramaturg. Sy ma was Johanna Catharina Hendrika Shaw (1914–1994).[2] Saam met Hugo Gutsche lewer sy pa (in samewerking met sy ma) die liedjies Hoe ry die boere, Die kat kom weer en Bobbejaan-kleinspanlied, wat almal in die FAK-Volksangbundel opgeneem word, terwyl hy ook dramas soos Klaas Droster en Rommelwerk skryf. Floris het ’n groot liefde vir boer, maar wend hom telkens weer tot die onderwys vir ’n heenkome wanneer sy sporadiese boerderypogings misluk. George begin sy laerskoolopleiding in 1952 op sy geboortedorp Cradock. Op die plaas De Novo, waar hy grootword, lees hy aand vir aand by lamplig klassieke verhale aan sy ouers voor. Wanneer die gesin in 1957 na ’n plaas tussen Modderrivier en Kimberley verhuis, help hy sy vader smiddae ná skool om blomplante te verkoop en kry as beloning een keer per week die geleentheid om ’n hele middag in die openbare biblioteek deur te bring. Hy gaan vanaf 1957 skool in Kimberley. Sy skryflus ontwaak in 1960 in standerd ses onder aanmoediging van dr. Jolly Jacobs, onderwyser aan die Hoërskool Adamantia in Kimberley, en sy eerste skryfpogings in standerd ses verskyn in die heel eerste jaarblad van die Hoërskool Adamantia. Reeds op hierdie stadium weet hy dat hy eendag gaan skryf. Van dertienjarige ouderdom kry hy ’n uitlaatklep vir sy kreatiwiteit deur telkens ’n skoolkoerant te begin, waar hy tegelykertyd die redakteur, drukker en grootste bydraer is. Die gesin vestig hulle in sy standerd sewe-jaar vir ’n rukkie in Clocolan in die Vrystaat waarna hulle verhuis na ’n besproeiingserf by Onseepkans aan die Benede-Oranje. Hy voltooi sy skoolloopbaan in 1964 aan die Hoërskool Namakwaland op Springbok, waar hy die skoolkoerant, Die Namakwa, bedryf. In hierdie tyd reeds skryf hy talle gedigte oor sy streek, die Karoo, Noord-Kaap en Noordwes-Kaap. Verdere studie en begin van loopbaan[wysig | wysig bron] Vanaf 1965 studeer hy verder aan die Universiteit van Pretoria, waar hy in die koshuis Sonop inwoon. Hier behaal hy die B.A.-graad met Afrikaans-Nederlands en Duits as hoofvakke in 1967 en die Hoër Onderwysdiploma in 1968. Hy begin daarna in 1969 skoolhou op Fraserburg in die Karoo. Hier ontmoet hy Celién Nel, een van sy leerlinge, met wie hy in 1973 trou terwyl hy op Kenhardt skoolhou. Uit die huwelik word twee dogters, Melita (1983) en Siobhan (1988) gebore. Hy sit sy studies deeltyds voort aan die Universiteit van Suid-Afrika en verwerf die B.A. Honneurs-graad met lof. In 1971 word hy as senior onderwyser aangestel by die Hoërskool Nassau in Mowbray in Kaapstad en daarvandaan hou hy skool op Kenhardt. Na sy troue doen hy in 1974 aansoek vir ’n pos by die Hoërskool Framesby in Port Elizabeth, wat aan Celién die geleentheid gee om musiek en onderwys aan die Universiteit van Port Elizabeth te studeer. In 1978 neem hy vir drie kwartale waar as junior dosent aan die Paarl Onderwyskollege en later dieselfde jaar aanvaar hy ’n pos as dosent aan die Windhoek Onderwyskollege. In hierdie tyd begin hy werk aan ’n M.A.-verhandeling. Hierdie studie is so omvattend dat dit spoedig ’n Ph.D.-skripsie word en in 1982 promoveer hy aan die Rhodes Universiteit in Grahamstad onder leiding van André P. Brink met sy proefskrif getitel ’n Ondersoek na aspekte van die verhouding tussen betrokkenheid en universaliteit in die literatuur.[3] Hy is in 1975 ’n stigterslid van die Afrikaanse Skrywersgilde en woon op gereelde grondslag hierdie groep se berade by en word in 1986 tot voorsitter van hierdie liggaam verkies. Die jaarlikse beraad is daardie jaar in Windhoek gehou. Werk as akademikus[wysig | wysig bron] In 1981 word hy senior lektor aan die nuut gestigte Akademie vir Tersiêre Onderwys in Windhoek en beklee hier vanaf 1986 die pos van departementshoof en medeprofessor. In Namibië raak hy betrokke by die politiek en in Junie 1988 is hy lid van die eerste Namibiese afvaardiging wat met Sam Nujoma in Stockholm gaan praat. Weens asma-aanvalle van sy jongste dogter besluit die gesin om Namibië te verlaat en terug te keer na Suid-Afrika. In 1989 aanvaar hy ’n pos by die Skiereilandse Technikon in Bellville, waar hy senior lektor is onder Abraham H. de Vries en die gesin in De la Haye in Bellville gaan woon. Hierdie pos beklee hy totdat hy in 1997 weens swak sig moet aftree. Hierna skryf hy voltyds, terwyl hy tussen 1999 en 2002 as inwonende skrywer en navorsingsgenoot belangrike publikasies lewer vir die Universiteit van die Oranje-Vrystaat. Hy is ’n stigterslid van die Afrikaanse tak van die skrywersorganisasie Pretoria PEN. In 2003 word hy uitgenooi na ’n internasionale jeugboekskrywersimposium in Antwerpen in België. Tydens ’n reis in Kroasië in April 2005 word hy so siek dat hy en sy vrou die reis moet kortknip en kort daarna word bloedkanker by hom gediagnoseer. Pro-Afrikaans[wysig | wysig bron] Van Oktober tot Desember 2005 lei hy saam met Elsa Joubert, Abraham H. de Vries en Leonard Koza ’n protesaksie teen die instelling van dubbelmediumonderrig aan die Universiteit van Stellenbosch. Hierdie aksie word opgevolg met ’n brief aan Die Burger waarin ’n versoek oor die taalkwessies aan die universiteit aan die Raad van die universiteit gerig word. In 2006 lewer hy die D.F. Malherbe-gedenklesing oor Die skrywer se verantwoordelikheid teenoor sy taal. Daarin benadruk hy dat skrywers nie net “intern” die taal moet dien deur letterkunde daarin voort te bring nie, maar ook bereid moet wees om “ekstern” weerstand te bied wanneer dit afgetakel word. Sterfte[wysig | wysig bron] Skryfwerk[wysig | wysig bron] Inleiding[wysig | wysig bron] Hy is een van die veelsydigste skrywers in Afrikaans en publiseer met goeie gevolg in al die genres. As jeug- en kinderboekskrywer verower hy al die belangrikste pryse, sy digbundels word goed ontvang en sy romans word eweneens met literêre pryse bekroon. Ook sy dramas en radiodramas verower talle pryse, terwyl hy etlike bundels kortverhale laat publiseer. Hy vertaal ook ander werke in Afrikaans, veral die geestelike romans van Walter Wangerin, soos Die boek van God, Die verhaal van Paulus en Jesus: ’n roman asook Trevor Dennis se Die Boek van alle tye: die storie van die Bybel.[5] Saam met Anastasia de Vries is hy samesteller van die bloemlesing Nuwe stemme 1 wat in 1997 verskyn en waarin nuwe digters wat nog nie voorheen gebundel het nie, kans kry om gepubliseer te word. Hierdie is die eerste van ’n aantal soortgelyke bloemlesings, wat alreeds ’n hele aantal digters opgelewer het wat selfstandige bundels uitgegee het. Verder verskyn ’n menigte artikels en resensies van hom in vaktydskrifte en tree hy ook gereeld as spreker op by openbare geleenthede.[6][7][8] Poësie[wysig | wysig bron] Vanaf standerd ses skryf hy gedigte en hy lê sy eerste manuskrip reeds teen die einde van 1963 (sy standerd nege-jaar) aan ’n uitgewer voor. Hy trek ook in hierdie tyd reeds aandag met sy deelname aan die radioprogram Skrywers van die toekoms. Sy gedigte verskyn periodiek in letterkundige tydskrifte soos Standpunte, Tydskrif vir Letterkunde en Donga en reeds op skool in die CSV-tydskrif Ons bou. Sy verblyf in die Noordweste is die vernaamste aanleiding tot sy jeugverse, wat gebundel word in Hondegaloppie. Die titel van die bundel is ’n bekende woord in die Noordweste en verwys na ’n mengsel van bier, wyn en brandewyn. Die streek met sy mense, diere, plante en gesteentes en sy taalgebruik vorm die kern van hierdie bundel en die gedigte is merendeels ’n viering van die wondere van hierdie streek. Die bundel is dan ook ’n versameling van hoofsaaklik losstaande verse, sonder ’n dwingende bundel-eenheid, waarin veral die idiomatiese taal van die Griekwas en Namas ontgin word. Dit is hoofsaaklik ’n tipe volksgedig, sterk ritmies en klankryk, met ’n oog en oor vir die natuur en die lokale werklikhede. In Aan ’n spoelklippie van Aughrabies skuur die spreker die eens dowwe klippie totdat dit vonkel en die prag van die waterval daarin gesien kan word. Hierdie klippie word dan simbolies van die stroom water wat seewaarts vloei, met die spel van klanke en eiename wat ’n eiesoortige bekoring aan die gedig gee.[9] As die son kliplangs spring, wat gepubliseer word terwyl hy nog op universiteit is, sluit ten nouste by die tematiek van die eerste bundel aan. Daar is egter meer gebruik van ironie in die beskrywing van die streek as in sy debuutbundel, terwyl die knap woordspeling en sin vir humor opvallend is. Hierdie bundel is baie meer omvangryk as sy debuut, sonder dat daar veel variasie in toonaard en tema is. Legende van die watersoekers kontrasteer hoe verskillende kulture na water soek, vanaf die swart toordokter en die waterwyser met sy mikstok tot die moderne geoloog met sy wetenskaplike hulpmiddele – maar die boorman laat slegs drie droë gate agter. Dit is eers as die boer op sy knieë gaan dat hy met die opstaan klam sand aan sy velbroek kry. Soverby se lam se ritme gee aanleiding tot die toonsetting daarvan as Bella boklam deur Louis van Rensburg. Hongerjaar beskryf kernagtig die impak van hierdie harde wêreld, met die mooi beskrywing van die ellende wat wit in die blom staan. Klein manifes van ’n reisiger bou voort op hierdie fondament en bevat weer ’n aantal volksgedigte oor sy streek. Die gedigte het ’n sterk musikaliteit en is besonder klankryk, wat daaraan ’n positiewe uitkyk gee, al is dit steeds ’n jeugdige een. Soos die titel aandui word die reismotief wat later sy digkuns sal oorheers, hier ingelei. Die losstaande openingsgedig Die wonderbaarlike terugreis van ’n orde vasberade digters koppel die digterlike ambag met reis, waar die vreemde en gefantaseerde beleef word. Die bundel word in vier genommerde afdelings verdeel. Die eerste afdeling bevat liefdesverse, met Ontdekkingstog (om met vuur te speel) wat die opwinding en gevaar van liefde uitbeeld. Die tweede afdeling fokus op die bedreigende in die kontrei en behandel ook die pionierstema, soos in die sterk gedig Droomreis na Ysland. Afdeling drie se oorheersende tema is die onsimpatieke stadsbestaan. Oor die afsterwe van ’n man van ons groot stad belig die eensaamheid binne ’n groot stad, met die mooi beeld van geboue wat soos grafstene uittroon. In hierdie afdeling is daar ook verse met eerste aanduidings van politieke gevoeligheid, met En die wildernis sal blom soos van ouds, ’n oorwinningslied wat intertekstuele verwysings na Van Wyk Louw en Breyten Breytenbach se werk insluit, soos die “smal swaard en blink” en “maer mense met groen truie”. Die vierde afdeling bevat reisverse. So is die reis dan ’n begin en ’n einde skakel weer met die openingsgedig in sy koppeling van reis met die digkuns. Hoera hoera die ysman verbreed die tematiek om ook satire en politiek gevoelige verse in te sluit, terwyl hy al groter bewys lewer van sy woordvernuf en tegniese vaardigheid. Die ysman van die titel is die dood, wat alreeds die dubbelslagtige van die bundel illustreer, aangesien daar maar min is wat toegejuig kan word en wanneer dit gebeur, is dit meesal ironies. Hierdie digbundel het ses afdelings. Die eerste, Woestynkruistog, bestaan uit slegs twee gedigte, waarin die natuur in sy dorheid en hitte, maar ook in sy kortstondige skoonheid en reën beskryf word. Die gedig Pella lê ’n kruistog ver is ’n hoogtepunt in die bundel, wat gestalte kry in ’n denkbeeldige gesprek omstreeks 1875 tussen Pella se eerste Romeins-Katolieke sendeling en sy reisgids. Kenhardt – voor en na die reën gee indrukke oor die barre landstreek. Saamgelees bevat hierdie twee gedigte benewens ’n reis deur die Noordweste landstreek ook die dimensie van die lewensreis op pad na die ewigheid. Die tweede afdeling, Slagboom, bevat maatskaplik betrokke gedigte, waarin veral kommentaar gelewer word op die lot van anderskleuriges, met die gedig By Kalkbaai roei die vissers uit wat geslaagd is met sy treffende gebruik van die volkstaal en die vereenselwiging van die motor met sy vinne en die see. Fin de partie is ’n Franse beskrywing vir die slim sette van kaart- of skaakspelers om die teenstander te uitoorlê, waar die datum onderaan die titel, Kersfees tot Nuwejaar 1975–76, verwys na ’n tyd van Suid-Afrikaanse militêre betrokkenheid in Angola. Teen hierdie agtergrond is die kunsmatige viering van die Kersfees in ’n staat van oorlog ironies en word die kontras tussen vrede en oorlog selfs meer intens aangevoel. Die afdeling Begrafnis en opstand is geleentheidsgedigte met die Taalfees van 1975 en Moerland bevat meer persoonlike verse oor disfunksionele verhoudings tussen die land en mense en tussen mense onderling. In hierdie afdeling is Blommekykers tipies van die toeriste wat slegs belangstel in die kort jaarlikse blommeprag in Namakwaland en minder gepla is oor die inwoners wat in hierdie bar streek ’n lewe moet maak. Hartland bestaan uit liefdesgedigte, met Sonder jou is my dae leeg ’n gedig wat die spreker aan die afwesige geliefde vrou rig. Hier word sy eensaamheid gelykgestel met die droë landstreek waarin hy woon, met die geliefde se koms wat soos reën uitkoms sal bring en die landstreek (en hom) weer vrugbaar en produktief sal maak. Die gedigte in Kougoed uit Kro en Kamiesberg sluit aan by die kontreikuns van sy vorige bundels.[10][11][12][13] Uit hierdie grys verblyf ondersoek die verband tussen kuns en werklikheid en toon ’n groot tegniese vooruitgang met die afronding van die formele versvorm en die elegiese toonaard van die bundel. Die titel verwys na die lewe, die grys verblyf, waaruit daar sin gemaak moet word, wat tot kleur verwerk moet word en waaruit daar veral deur kuns ’n erfenis nagelaat moet word. Elemente uit die essensie van die lewe word ondersoek, soos die verhouding en aanraking met ander mense, die wêreld en die nabyheid van God. Die nabye wêreld, soos Afrika met sy mitiese onderbewussyn en die aktualiteit van eietydse gebeurtenisse word ook ondersoek. Die verse in afdeling 1 (Nouliks) fokus op die hede, terwyl afdelings 2 (Register) en 3 (Homo faber) op die verlede fokus. Die ongetitelde vierde afdeling se gedigte is toekomsgerig. Hierdie indeling vanuit ’n tydsperspektief suggereer reeds die verganklikheid van alle dinge. Die bundel open met ’n opdragvers (aan pa), ’n indrukwekkende gedig wat bestaan uit die openingsreëls van die gedigte in die afdeling Homo faber. In Nouliks fokus die gedigte op die kwesbaarheid en verganklikheid van die bestaan. Polities aktuele verse sluit in Geskiedenisles en Homo ferox. Die afdeling begin en eindig met Ars poetica verse, waarin die digkuns se verganklikheid en die onsekerheid van die doel of teikengehoor daarvan betreur word. Register se gedigte het ’n elegiese toonaard en hier is dan ook vyf lykdigte, gerig aan die kunstenaar Salvador Dali, die musikant Liberace en die akteur James Dean en aan ’n onbekende boervrou en kluisenaar. Hoogtepunte hier is die ballade Lied vir Johnny se vrou en die volkse herinneringsvers Ek kan nie meer my oë sluit nie. Swane op ys is die uitbeelding van die rampspoedige besluit om te lank te wag voordat aksie geneem word, met die slotstrofes wat subtiele toespeling op die rassekwessie is met die verandering van wit na git (swart). Homo faber bevat gedigte oor die digter se pa, aan wie die bundel in die openingsgedig opgedra is. Die laaste afdeling sluit af met twee hoopvolle verse opgedra aan die vrou (En nou het alles winter geword en Sug) en een opgedra aan die kind (Bibliogliewe).[14][15] Pella lê ’n kruistog ver is ’n eie keuse uit hierdie digbundels, waarvoor hy van die gedigte hersien en verwerk. Die bundel word afgesluit met ’n bespreking van sy poësie onder die titel Kruistog: ’n agternawoord oor my verhouding met die poësie.[16][17] In ’n Staning onder sterre suggereer die titel reeds die inhoud van teenstelling en saamvoeg van tydelikheid en ewigheid, die lokale en kosmiese, die alledaagse en die wonderbaarlike. Die gedigte word hoofsaaklik geplaas in Namakwaland en die Richtersveld en die mense, hulle name en die natuur van daardie streek. Hierteenoor staan die son en die ganse melkweg en die besef dat die mens vir hom ’n plek tussen die sterre kan verwerf. Gedigte oor die digkuns word in die eerste afdeling onder die titel Verbeelde paradys versamel. Skepping beeld die wisselwerking tussen die natuur en die digkuns uit, met die koue digkuns wat afsteek teen die warmte en verskeidenheid van die natuur, maar tog ’n ooreenkoms daarmee toon in sy skeppingsarbeid. Koloniale diskoers weerspieël die onsekerheid oor die verblyf- en eiendomsreg van die paradyslike skepping. Die tweede afdeling heet Ouma Baai en bevat gedigte oor die ouma en ook jeugherinneringe. Die merkwaardige persoonlikheid van Ouma Baai word in opeenvolgende gedigte beskryf, wat ten spyte van haar uitgebreide daaglikse verpligtinge steeds weetgierig en avontuurlustig gebly het. Plaaswerf is gedigte oor die gewone, waarin telkens die uitsonderlike ontdek word. Hierdie afdeling bevat ook vrye vertalings van enkele gedigte van Norman MacCaig. ’n Doodgewone dag beskryf die normale van buitengewone dinge en die uitsonderlike van die gewone. Dan word in gedigte soos Varkhok, Handpomp en Ramkamp, wat doodgewone aardse dinge as objek het, steeds die teenwoordigheid van drome en emosies geskets. Die vierde afdeling is verse oor die Boesmanlandse kontrei onder die titel Anderkant Blomveld-se-vlei. Die natuurlike omgewing word hier gestel teen die kunsmatige en omgewing-vernietigende moderne leefwyse. Skrywelekkers se titel verwys na die harde lekkers met boodskappe wat daarop geskryf staan. Hierdie afdeling bevat hoofsaaklik liefdesverse. Die twee gedigte in Plaaswysies het klank as tema. Een van die knapste afdelings van die bundel (onder die titel Variasies: tussen son en sand) word gewy aan ’n gesprek met die Suid-Afrikaanse Engelse skrywer W.C. Scully se neerbuigende kommentaar op die noordelike “Trek-boers” in sy boek Between sun and sand, waarin Weideman telkens digterlik op ’n aanhaling uit hierdie werk reageer. Die slotafdeling is Elegiese variasies met huldigings aan afgestorwenes, waarin veral die gedig Selfgemaak, oor die digter se vader wat self sy eie doodskis maak, ontroer. Verskombuis is ’n kookboek met ’n kombinasie van eie resepte en gedigte oor kos en bestanddele. Die resepte is opgedeel in afdelings wat die dag se verloop volg, vanaf ontbyt (doudagdisse) tot met die poedings na aandete (agteroppies).[18][19][20] Versamelbundels[wysig | wysig bron] Sy gedigte word in verskeie versamelbundels opgeneem, waaronder Groot verseboek, Die Afrikaanse poësie in ’n duisend en enkele gedigte, Digters en digkuns, Nuwe verset, Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte, Die dye trek die dye aan, Goudaar, Kraaines, Honderd jaar later, Woordpaljas, Die goue vreugde, Voorspraak en die Versindaba bundels wat jaarliks na hierdie fees uitgegee word. Hy publiseer ook gedigte in tydskrifte, waaronder Standpunte. By verskeie geleenthede lees hy van sy gedigte in die openbaar voor, onder andere by Versindaba op Stellenbosch. In 2006 kry hy by die Versindaba by die Universiteit van Stellenbosch die Akkertoekenning vir iemand wat besonder baie in sy loopbaan doen om die Afrikaanse digkuns in die breë te bevorder. Na sy dood verskyn die CD Doepa!, waarin van sy gedigte voorgelees word en sommige ook getoonset is en hy self ook sommige van sy gedigte voorlees. Weens die musikaliteit daarvan word sy gedigte gereeld getoonset en sy gedig Bella is ’n bielie van ’n boklam word as lied baie gewild. Dramas[wysig | wysig bron] Weideman se dramas spreek feitlik sonder uitsondering aktuele kwessies aan. Maatskaplik-sosiale kwessies soos rasseverhoudinge, die impak van onreg, sosiale wanpraktyke, die futiliteit van geweld as oplossing vir politieke probleme, asook grondhervorming, staan sentraal in ’n aantal van sy dramas en sy oeuvre sou dan ook as oorwegend protesteater getipeer kon word.[21] Reeds op universiteit skryf hy die ongepubliseerde drama Man op die treinspoor. Gedurende sy verblyf in Namibië skryf hy drie maatskaplik-sosiale dramas, M29, ’n Smeerige geskiedenis en Gyselaars, wat onderskeidelik in 1986, 1987 en 1988 met groot sukses tydens die ATKV se Kampustoneelfeeste opgevoer word, asook deur die Departement Drama van die Universiteit van Namibië.[22] M29 se titel is gekies na aanleiding van die gedwonge verskuiwing van etniese groepe onder die apartheidsbeleid in Suidwes-Afrika (tans Namibië). Verskillende etniese groepe is in verskillende blokke in woongebiede geplaas, met erwe wat aangedui is met ’n letter (wat die etniese groep soos byvoorbeeld Damara of Herero aandui, met syfers vir die erfnommer. M29 verwys dan na erf nommer 29 vir die etniese groep “Mens”. Die drama spreek die sosio-politieke kwessies van die Namibiese samelewing onder Suid-Afrikaanse beheer. Die interteks is met die towenaar Merlyn-legende uit die Middeleeue. Merlyn se leerling Ambrosius toor per ongeluk sy meester in ’n boomstam vas, maar is nog nie kundig genoeg om hom weer te bevry nie. As straf word hy na moderne wêreldkrisisse gestuur om ’n towerformule te vind wat die wêreld se ellendes kan genees. Telkens word hy egter met oorloë en menselyding gekonfronteer en sterf dan as sondebok. Die inwoners van die township Smartie Town vind Ambrosius in verbande toegedraai op Erf M29. Hulle vermoed dat hy Broertjie is, die kind van Abram en Eva, wat op M29 gewoon het en tien jaar tevore as vryheidsvegter verdwyn het. Ander karakters is onder andere die opvoedkunde-student Benjy en Sylvester. Die drama eindig waar Ambrosius (of Broertjie) vasgebind word aan Penny, Eva se kleinkind, en hulle met motorbande om die nek op die punt is om deur die regime-ondersteuners op die halssnoermetode vermoor te word. So word uiting gegee aan die drang om die boodskapper (Ambrosius as bemiddelaar van die konflik) te vernietig as die waarheid van die boodskap nie aanvaar wil word nie. ’n Smeerige geskiedenis is ’n vervolg op M29 wat afspeel sewe jaar na die gebeure in M29. Die titel is ’n verwysing na die aanranding van die sendeling Frans Smeer in 1904. Die karakters van M29 stig nou Club-M29, wat op dieselfde erf repeteer aan ’n toneelstuk onder Benjy se regie. Ambrosius keer terug as Voete, ’n soort hofnar. Die rebel Sanna, die wit filantroop Babs en Slôwes, verteenwoordiger van die regime, is nuwe karakters. Die drama eindig wanneer Slôwes in die repetisie ingetrek word en so gedwing word om die situasie te konfronteer eerder as om dit te ontken. M29 en ’n Smeerige geskiedenis word in 1989 onder die titel Tweesprong aan De Jager-HAUM voorgelê vir publikasie, maar word eindelik afgekeur weens die swak verkope van dramas in die algemeen, al word M29 deur Dalro gepubliseer. Gyselaars handel teen die agtergrond van die politieke onrus van die tagtigerjare, maar word gesitueer ’n paar jaar die toekoms in. Dr. Black is ’n psigiater wat alternatiewe metodes vir behandeling van sy getraumatiseerde pasiënte gebruik. Hy huur ’n saal in ’n gebou, waarbinne hy sy pasiënte lei in rolspel van die oorsaak van hulle probleme, waaruit dit blyk dat sommiges betrokke was by onreg wat op verskillende vlakke in die samelewing gepleeg is. Buite die gebou in die straat is daar terselfdertyd politieke onrus, waarby sommige van die karakters in die gebou belang by het. Daar is ook drie akteurs binne die spel, gehuur om dr. Black met die rolspel te help, met twee van hulle wat eintlik aktiviste is en die res van die karakters dan as gyselaars aanhou. Die klimaks kom wanneer een van die pasiënte noodgedwonge die spreker in die straat buite skiet, waarna die ambulans opdaag en daar sprake is dat die gyselaars in die gebou met gifgas vermoor sal word. In die drama word geïllustreer dat rewolusie ’n proses is wat nooit afgehandel word nie en dat eiebelang die gemeenskaplike belang gedurig in die agtergrond sal druk, wat die wêreld ’n oorwegend liefdelose plek maak. Ander vollengte dramas uit hierdie tyd is Soos voëls op koringlande (1990) en Herberg van die wit madonnas (1991). Soos voëls op koringlande se titel verwys na die voëls wat weggejaag word uit die boer se lande, maar dan doodgewoon op ’n ander plek gaan sit want hulle moet iewers wees. Die drama ontstaan as werkwinkelproduksie op aanvraag van Franklin Sonn, rektor van die Skiereiland Technikon. Die versoek is om ’n drama te skep waarbinne die behoeftes en wense van die breër Suid-Afrikaanse samelewing op die verhoog uitgebeeld word. Die Ouditorium van die Technikon word met die opvoering van hierdie drama in 1991 ingewy. In nege tonele word die lotgevalle van ’n plakkersgesin uitgebeeld. Die grond het voorheen aan die stamvader, Wisdom, behoort, maar is deur die regering onteien en daarna vir verskillende doeleindes gebruik, totdat dit gesoneer word vir nywerheidsontwikkeling. Die plakkers eis hulle grond terug en hulle pogings om die stootskrapers te keer en hulle woonplek te beskerm, vorm die kern van die drama. Die drama het benewens realistiese ook surrealistiese elemente, met een van die karakters wat soos ’n Rip van Winkel dertig jaar lank geslaap het en dan in ’n nuwe Suid-Afrika ontwaak, terwyl die einde met die disintegrasie van die stootskrapers en die uitdeel van kerse as simbool van hoop ook surrealisties is. Die drama toon aan dat die verwagtinge, gevoelens en drome van mense dieselfde is, ryk of arm, en dat die behoud van menswaardigheid van almal die belangrikste doelwit behoort te wees. Herberg van die wit madonnas het as tema die regstel van ongeregtigheid. Dit word in 1991 opgevoer met die inwyding van die Aula op die Skiereiland Technikon kampus. Alice verlaat as swanger sewentienjarige meisie haar geboortedorp, Leliepan, nadat sy en haar pa uit die gemeenskap geskuif is oor haar toestand. Ná 25 jaar keer sy as die fortuinverteller Madame Rosita saam met haar dogter Eunice terug na die dorp en bly in die hotel wat aan Basjan (B.J.) (die vader van Eunice) behoort. Haar doel vir die terugkoms is om wraak te neem op B.J. en hom tot verantwoording te roep. Die datum is reeds bepaal, want hulle verjaar op dieselfde dag. Hy herken haar nie en gee haar toestemming om haar karavaan op die hotelperseel te parkeer en vandaar haar kliënte te bedien. Die sentrum van die aksie is rondom die handpomp, wat met bloudraad toegedraai is om te voorkom dat iemand die giftige water daarvan inkry en terselfdertyd ’n metafoor word van die toesmeerdery van die onreg wat Alice en ander aangedoen is. Dit blyk dat die kelner Boesman ook een van B.J. se buite-egtelike kinders is en sonder dat hulle besef dat hulle halfbroer en -suster is, raak hy en Eunice danig met mekaar. Daar word die aand van B.J. se verjaarsdag groot partytjie gehou, waartydens Alice vir B.J. as waarsêer die dorpsbewoners se geheime ontbloot. Dan speel sy vir B.J. die dodemars. Wanneer eindelik, lank na middernag, net Alice, Eunice en B.J. oorbly, speel hulle vir B.J. ’n toneel en betrek hom daarby, wat hom laat besef dat hy die giftige water van die handpomp saam met sy whiskey gedrink het. Sy eerste eenpersoondrama is Die laaste ure van meneer Fabricius, of, Asiel, wat hy spesiaal vir die bekende akteur Mees Xteen skryf. Hierdie stuk word vir die eerste keer in 2000 in die Sterrewagteater in Bloemfontein opgevoer. Dit speel af in die negentigerjare van die twintigste eeu in Suid-Afrika, waar in die nuwe Suid-Afrika dit moeilik is om enigeen te vertrou. Hoewel daar net een akteur is, vertolk hy verskillende rolle. ’n Akteur bevind hom in ’n sielsieke-oord nadat hy die laaste ure van meneer Fabricius meegemaak het. Fabricius was ’n lojale staatsamptenaar wat in besit gekom het van inkriminerende inligting wat sekere ministers se betrokkenheid by moord en korrupsie bevestig. Die akteur word gehuur om uit te vind of Fabricius wel oor die inligting beskik en of hy beplan om dit bekend te maak. Fabricius sterf egter gewelddadig in die teenwoordigheid van die akteur, wie se lewe nou ook in gevaar is oor wat hy weet. In die drama word die akteur aangemoedig om meneer Fabricius se laaste ure voor sy medepasiënte (sy gehoor) uit te speel. In hierdie aktuele stuk word die morele waardes van mense in magsposisies bevraagteken en die universele vraag gevra van wie vertrou kan word. Die sielkundige impak en stres van leuens teenoor waarheid, geheimhouding teenoor openbaarmaking en werklikheid teenoor illusie word ondersoek. My plaas se naam is Vergenoeg speel af tydens ’n Kommissiesitting waarin bepaal moet word of die eertydse plaashulp, Grace Boois, die reg het om haar seun Whitey op die plaas Vergenoeg te begrawe. Die geskiedenis en die hedendaagse aktualiteit van rasseverhoudinge en wedersydse vooroordele word hier ondersoek, asook kwessies van grondhervorming. Grace is sewe jaar tevore van die plaas verjaag nadat Whitey se pa, Ouboet Veldsman, in ’n plaasbrand gesterf het. Die eienaar, Jan Veldsman, grond sy argumente op kaart en transport, terwyl Grace haar argumente grond op historiese oorwegings. Terselfdertyd eis die diere van die veld ook grond en hulle eis neem die vorm aan van ’n reeks tonele wat gelyktydig op ’n ekstra bo-verhoog plaasvind, waar hulle die gebeure op die verhoog naboots of daarop kommentaar lewer. Die diere se kommentaar wentel veral rondom die mens se selfsug en vernielsug, waardeur die aarde vernietig word en waardeur die mens se alleenregte op grond betwis word. Hierdie drama maak sy debuut by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees in 2004, waarna die eerste Sanlamprys vir Afrikaanse teater daaraan toegeken word. Twee fragmente uit hierdie drama word reeds in 2003 in Tydskrif vir Letterkunde gepubliseer.[23][24][25] Samesteller[wysig | wysig bron] Hy is die samesteller van die versamelbundel Alles op die spel, waarin jeugdramas opgeneem word, insluitende sy eie Die saalspook en Wees, wat eweneens verskeie kere suksesvol opgevoer word. Die saalspook handel oor ’n klomp kinders in ’n skoolsaal wat ’n toneelstuk oor lugbesoedeling repeteer. Die hele saal ruimte, verhoog en ouditorium, vorm deel van die speelruimte van die teks sodat die gehoor direk binne die aksie geplaas word. Die karakters wag op ’n afwesige lid van die toneelstuk, Markus, wanneer die lig skielik afgaan en ’n “ongewone spook” opdaag. Binne hierdie drama word die temas van die rol van die skrywer en kuns in kommunikasie, natuurbewaring en die bonatuurlike aangespreek. Wees speel in ’n weeshuis af op die vooraand van ’n vakansie. Die gelukkiges het ’n vakansiehuis gekry waarnatoe hulle kan gaan, die ander moet in die weeshuis agterbly. Die titel verwys aan die een kant na die wesies in die weeshuis, maar aan die ander kant die kinders wat soek na beter en kinders wat soek om iemand te wees en om te behoort. Die konflik ontstaan omdat die skynheilige Muis geld steel en dan vir Tjoppie beskuldig van die misdaad, wat as gevolg daarvan na ’n verbeteringskool gestuur word. In die epiloog is die volwasse Muis ’n stadsbeplanner. Hy is nou ’n suksesvolle beroepsman, maar sy verlede gooi steeds ’n donker skaduwee oor sy lewe. Temas wat in die stuk aanwesig is sluit in verraad, vriendskap, verval, maatskaplike probleme, seksuele molestering en groepdruk. Hierdie drama was eers ’n kortverhaal wat in Tuin van klip en vuur verskyn het en deur Shirley van Jaarsveld vir die verhoog bewerk is.[26][27][28][29][30] Die drama verower in 1994 die eerste prys tydens die Jeugdramafees in Port Elizabeth, waar dit deur die leerlinge van die Hoërskool Framesby opgevoer is. Sy kinderboek Die geel komplot word ook tot drama verwerk en dit word in 2005 deur die Universiteit van Kaapstad se dramaskool opgevoer. Radiodramas[wysig | wysig bron] Hy skryf ook verskeie radiodramas wat op Radiosondergrense uitgesaai word. Sneeu word op 1 Oktober 1996 uitgesaai. Die jong joernalis Gisela Kirst trotseer sneeubedekte plaaspaaie om ’n laaste onderhoud met die bejaarde skrywer Abel Olivier te gaan voer. Abel se verlede word broksgewys onthul, waaruit die vermoede ontstaan dat hy Gisela se moeder vermoor het omdat sy hom afgepers het oor die kind (waarskynlik Gisela) wat sy verwag het. Die spanning laai op wanneer Abel in die onderhoud vertel van die roman waaraan hy werk, waarin ’n joernalis by ’n kunstenaar gaan bly om uit te vind hoe sy kop werk. Hy is egter nog op soek na ’n gepaste einde, wat afspeel op juis so ’n aand as hierdie een. Die drama word afgesluit met ’n radioberig waarin die omroeper berig van die dood van Gisela op die sneeubedekte paaie van die Karoo. In hierdie drama word dit gou duidelik dat Gisela nie net ’n storie soek by Abel nie, maar dat sy ook op soek is na die waarheid omtrent haar moeder se dood, wat van die drama beide ’n speurverhaal en ’n riller maak. Lig verower in 2000 die derde plek in Sanlam en Radiosondergrense se jaarlikse radiohoorspelwedstryd en is op 24 April 2001 uitgesaai. Hierdie drama bewoord die verganklikheid en weerloosheid van die mens, met veral die verhouding tussen ouer en kind en wedersydse aanhanklikheid wat ondersoek word. Jess is ’n jong kankerlyer wat vanaf die platteland na die stad kom vir behandeling. Hy woon tydelik saam met sy ma, Megan de Wee, in ’n woonstel. Megan is vervreem van Johnny, Jess se pa. Langs hulle woon die blinde oom Salmon, wat daarop hoop dat sy seun Frans hom sal kom haal om in Kanada by hom te kom bly. Jess en sy ma word verras met ’n besoek deur Johnny, wat in die stad is om ’n Porsche vir iemand te kom afhaal. Om Jess op te beur, neem hy hom vir ’n rit in die Porsche. Terwyl hy nog by Jess en sy ma kuier, vererger Jess se toestand en word hy met die ambulans hospitaal toe geneem, waar hy sterf. Sand verower in 2003 die Sanlamprys vir die beste radiodrama en in 2006 ken die Akademie ’n erepenning vir Afrikaanse radiodramas aan hierdie drama toe. Dit word op 11 Mei 2004 die eerste keer uitgesaai. Die titel verwys na sand wat alles toewaai en bedek en gedurig beweeg en rondskuif. Dit is onstandvastig en onbetroubaar en vorm saam met die gedurige wind ’n mistroostige atmosfeer. Dit is ’n spanningsdrama, waarin die sielkundige impak van onreg op die mens ondersoek word, met motiewe soos gierigheid, wraak en selfsug wat ook aangeraak word. Petra en haar ma Ragel woon op die afgeleë plaas Waaisand in die dorre streke van Namibië naby Sossusvlei. Petra se pa het weggeloop toe sy nog ’n baba was en sy koester steeds ’n wrok teen hom oor hierdie verraad. Sy verwag dat hy tog eendag sal terugkeer, soos ’n misdadiger terugkeer na die toneel van die misdaad. Twintig jaar later kom ’n sekere Herman by die plaas aan, op soek na ’n potjie robyne waarvan die triekster-figuur, die swerwer Sysie, hom vertel het. Petra lê hom voor en skiet hom dood, waardeur ’n onreg van die verlede reggestel word en die bewyse deur die sand toegewaai word. Op knap wyse word die temas versterk deur die simboliek, byvoorbeeld robyne met bloed, waar die robyne vir Herman nie die geluk bring waarna hy soek nie, maar die dood. Moord in die ateljee wen in 2005 Sanlam en Radiosondergrense se radiodramakompetisie en word op 9 Mei 2006 uitgesaai. Dit is ’n kombinasie van ’n intrigeverhaal en speurverhaal. Die omroeper van Radio Sonbesie, Sarel Malan, word vermoor tydens ’n uitsending. Dit blyk dat hy ’n moord verwag het en deur sy keuse van musiek vir die program die speurders op die spoor van die skuldige wou sit. ’n Tweede moord op sy vrou Maryna word afgeweer wanneer die moordenaar op heterdaad betrap word. Daar is tot die einde onduidelikheid oor wie die moordenaar is, veral nadat die konflik tussen die Bothas en die Malans, die luisteraars en die omroepers en die omroepers onderling en met die radiostasie se eienaar uitgewys is. Die skuldige blyk eindelik die naïewe rykmansdogter en sekretaresse van Radio Sonbesie, Nadia, te wees. Nadia het ’n verhouding met die omroeper Ben Bruwer, wat in ’n magstryd met die Malans gewikkel is. Sy beweer dat sy voorheen by die sielkundige hospitaal gewerk het, maar dit blyk dat sy ’n pasiënt daar was. Die bode behaal in 2007 ’n derde plek in die Sanlam Radiosondergrense radiodramakompetisie. Hierdie drama handel oor die wroeging van iemand wat iets gedoen het waaroor hy baie spyt is en dan daarmee moet saamleef. Sy radiovervolgverhaal Soekers word in 2006 op weeksmiddae oor radiosondergrense se senders uitgesaai. Hierin word gefokus op twee gesinne in Kaapstad. Die skrywer Gawie Malan sukkel om alledaagse dinge te verwerk, terwyl sy vriend Johnny Mowers ’n speurder is in die Polisie en sy vrou ’n maatskaplike werker. Uit die aard van hulle werk kom hulle met allerhande sosiale probleme te doen, wat vererger word deurdat die Malans se seun nie goeie oordeel het wanneer dit by die keuse van vriende kom nie. Kortverhale[wysig | wysig bron] Op prosagebied publiseer hy reeds in 1965 ’n kortverhaal in Die Perdeby, studentetydskrif van die Universiteit van Pretoria. Die verhaal beeld die verbittering en ongeloof van ’n jong werker op sy motorfiets uit, waarna hy as “godslasteraar” gebrandmerk word. Hierna verskyn ’n aantal kortverhale in letterkundige tydskrifte. Hy debuteer dan met die knap kortverhaalbundel Tuin van klip en vuur, waar die tuin ’n geslote ruimte verteenwoordig en dus perke en grense stel, maar ook tekenend is van groei. Die klip en vuur is egter nie tipies van ’n tuin nie en spreek eerder van konflik en krisis. Daar is dus ’n aantal grensverhale en ander verhale waar hierdie temas aangespreek word en waarin sommige van die verhale die dood en lewe letterlik die grens of perk is wat gestel word. Die slim gebruik van ironie is ’n besondere sterkpunt in die verhale. In Terminus agtervolg ’n owerspelige privaatspeurder byvoorbeeld ’n bejaarde man wat deur sy vrou van ontrouheid verdink word, net om agter te kom dat hy eintlik self ’n afspraak met die dood het. Gelykenis is ’n grensverhaal, waar die kapelaan en die verteller-skrywer die aard van menswees in ’n verskeurde wêreld teenoor die skrywerskap stel, waar die boeke beskutting bied teen die aanslae van die lewe. Daar is kommentaar op ’n voorval waarin ’n medesoldaat deur die skoolkinders vermoor word aan wie hy onderwys gee. Sy boodskap was die gelykenis van die landbouers in Markus 12: 1-12, waar die landbouers die seun van die eienaar doodmaak en uit die wingerd gooi. In die moord sny die kinders ’n jong varkie oop en sit dit op die hekpaal in die vorm van ’n kruis neer, wat geïnterpreteer kan word as ironiese verwysing na die soldaat as ’n Christus-figuur, waar die vark ook hierdie gelykenis ontmitologiseer. ’n Tuin van optelglas beeld op skrynende wyse die verhouding uit tussen die twee uitgeworpe karakters Janie en Naas. Hulle verwerk hulle pyn deur ’n tuin van brokstukke aan te lê wat hulle eie paradys word. Die gebreekte porseleinvaas wat Naas se pa in sy woede stukkend gegooi het (simbool van die verbrokkelende huwelik) word ’n geskenk aan Janie, waarmee sy die tuin kan ophelder en deur kreatiwiteit iets wat stukkend was weer in ’n nuwe, mooier geheel kan omskep. Die skrywer raak ook subtiel die kleurbeleid aan, waar veral die verhaal Die laatlam ’n kragtoer is. ’n Vooraanstaande egpaar vind uit dat hulle dogter op universiteit swanger geraak het. Die moeder stuur die dogter weg Kaap toe en begin met verloop van tyd haar eie klere aandik sodat mense moet dink dit is sy wat swanger is. Twee maande voor geboorte gaan sy dan self Kaap toe, maar wanneer die baba gebore word, is hy nie blank nie. Wees se titel verwys na die weeskind, maar ook veral na die syn (“om te wees”). Om werklik te lewe moet die mens vrede kan maak met sy verlede en die skuld daaraan verbonde. As dit nie slaag nie, bly hy steeds op figuurlike wyse ’n weeskind. Hierdie verhaal word later suksesvol tot ’n jeugdrama omskep. In 1984 is Tuin van klip en vuur op die kortlys vir die toekenning van die Louis Luyt-prys. Dit word opgevolg met die bundel Die donker melk van daeraad, waar die bundel ’n hegte eenheid vorm rondom die deurlopende tema en bundeltitel, wat verwys na die skarabee of wondersteen wat die kleur van die nag het net voor die dag breek. Die skarabee was ook draer van stories en geskiedenis, sodat die titel ook verwys na stories in die algemeen en die steen en stories dus aan mekaar gelykstel. Die sterk storiemotief word versterk deur die subtitel van die bundel, Oustories en nuwe stories, en die motto van Eriwetsky, “Al wat sin maak van die lewe is stories”. Die bundel word opgedra aan die skrywer se moeder asook Elsie en Ruiter van Onseepkans. Die verhale is almal in die vorm van eerstepersoon vertellers (waarin Elsie, Ruiter en die Hongaarse vlugteling prominent is) en ondersoek in besonder die skadukant van die mens se psige en besin oor die aard van die vertelkuns. Bonatuurlike magte en alledaagse ervarings word saamgesnoer in ’n meesleurende leeservaring en daar is ’n sterk bundeleenheid en innerlike verband tussen verhale deurdat dieselfde karakters telkens in ander omstandighede opduik. Onderliggend aan die verhale is die sentrale geloof dat stories al is wat sin kan maak van die lewe en dat alle stories daarom in minder of meerdere mate waar is. Die vertelkuns is dan ook ’n tema in feitlik al die verhale. Die 31 verhale in die bundel word in nege (heilige getal in Boeddhisme) afdelings verdeel, met nege wat ook vrugbaarheid suggereer.[31][32][33] Newelig is letterlik dynserig en dus half-versluierd, wat aandui dat die verhale self nie onmiddellik duidelik is nie. In die bundel val die lig op uiteenlopende gebeure uit verskillende tydperke, streke en agtergronde. Hy maak gebruik van ’n veelvoud vertellerstemme, vanaf ou mans tot jong meisies. Temas soos liefde, onreg, ontnugtering, wraak en vergelding word aangeraak, terwyl die lyne tussen goed en kwaad, waarheid en leuens, raaisels en onthullings soos ’n goue draad deur die stories loop. Die somtyds achronologiese vertelling, vermenging van tydsperiodes en die onvermoë van vertellers om die verhale koherent te verhaal, versterk die rol van herinnering en onbetroubaarheid van die geheue. Terselfdertyd verseker dit dat daar nie maklike afleidings gemaak kan word nie en bly die leser agterna steeds nadink. ’n Hoogtepunt is die verhaal Loop soek vir my ’n mens! ’n Wewenaar-pa met ’n klomp kinders om te versorg en werftake wat nie gelos kan word nie, stuur sy veertienjarige seun om vir hom ’n mens (nie vrou nie) te gaan soek, wat hom as lewensmaat kan bystaan. Een van die eienskappe van Weideman se werk is dat daar dikwels ’n magiese element teenwoordig is, wat veral opvallend is in hierdie bundel.[34][35][36] Bloujare se stories bevat onpretensieuse stories, waarvan meeste voorheen in Tydskrif Rapport verskyn het. Die “bloujare” van die titel verwys na jare wat ver in die verlede lê. ’n Aantal verskillende vertellers vertel hierin stories oor die mense en eienaardighede van die Noordwes-streek, feitlik altyd met humor en baie keer met ’n goeie skeut spekskiet daarby.[37][38] Verskeie van sy kortverhale word voorgeskryf, onder andere Die muisvoëls en die vyeboom en Angie word ’n gangster. ’n Fairytale. Versamelbundels en bloemlesings[wysig | wysig bron] Sy kortverhale word in skoolbloemlesings en ander versamelbundels opgeneem, insluitende Blommetjie gedenk aan my en Wys my waar is Timboektoe, beide onder redaksie van Hennie Aucamp; Die Afrikaanse kortverhaalboek, Steekbaard en Uit die kontreie vandaan, almal saamgestel deur Abraham H. de Vries; en Keerpunt saamgestel deur Linda Rode en Jakes Gerwel. Hy publiseer ook kortverhale in verskeie letterkundige tydskrifte, insluitende Tydskrif vir Letterkunde en Boeke-Insig. Romans[wysig | wysig bron] Sy eerste roman is Die onderskepper (met die subtitel Die dorp wat op ’n posseël pas), wat afspeel op die dorp Salpeterput in die middel van Suid-Afrika, in die laaste veertig dae van die twintigste eeu. Salpeterput se mense maak tesame ’n mikrokosmos van die samelewing uit, terwyl die dorpsuitleg rondom ’n toegemesselde put simbolies is van die dorre en geestelik onvrugbare gemeenskap. Die verteller van die verhaal en ook die onderskepper van die titel is die posmeester, Arend Visser, wat briewe oopstoom en lees en sodoende feitlik alles weet van die mense en wat op die dorp aangaan. Amper vyftig jaar gelede is die mooi Helena “Sybokkie” Sybrandse op die dorp vermoor (waarskynlik weens haar verhouding met iemand van ’n ander ras) en veertig dae voor die eeuwending kom ’n brief van haar op Salpeterput aan. Sy het dit aan haar suster geskryf, maar die brief is nooit afgelewer nie en vind nou eers sy weg terug na die oorsprong. Terselfdertyd daag ’n prokureur uit die buurdorp op met die nuus dat Joachim von Niemeyer, ’n boorling van die dorp wat almal gedog het in die oorlog gesterf het, agt en twintig miljoen Duitse mark aan die dorp bemaak. ’n Derde van die bedrag sal gaan aan diegene wat die ware geskiedenis van die dorp in ’n kunswerk uitbeeld en terselfdertyd die onreg en skandes van die verlede bieg en bely, sodat dit uitgewis kan word. Arend weet deur sy onderskeppings dat elkeen iets het om te bely en so kom daar ontboesemings van geheime liefdesverhoudings, aborsies, diamantsmokkelary, politieke misdrywe en moord. Die daaropvolgende geskarrel beeld die kunstige wat in elkeen skuil uit, terwyl die samewerking tussen almal op die dorp oor kleurgrense en ander verskille heen lei tot die genesing wat vir almal kom. Van die enorme erflating word nie weer gehoor nie, maar die nuwe millennium breek aan, die droë put begin weer water gee en daar is versoening en genesing in die gemeenskap.[39][40] Die onderskepper verower in 1997 ’n tweede prys in De Kat en Sanlam se romankompetisie. Dit word in 1998 met die W.A. Hofmeyr-prys bekroon en is in dieselfde jaar op die kortlys vir die toekenning van die M-Net-prys. Draaijakkals beskryf die jeug van die antiheld en amper-dwerg Nicolaas Alettus Lazarus (bygenaamd Vossie) in die tradisie van die ou-Spaanse “skelmroman”, waar die held terselfdertyd ’n skelm en randfiguur in die samelewing is. Die titel dui op ’n skelm karakter wat op sy spoor terugdraai om dan sy agtervolgers van agter te bekruip. Die hoofpersoon, ’n weeskind wat nooit sy vader geken het nie, se omswerwinge op soek na sy herkoms en wie sy vader was, word beskryf as ’n soeke na identiteit. Identiteit word egter aangebied as iets wat nie êrens in die verlede te vinde is nie, maar gevind word in stories en deurentyd nuut aanmekaar geweef moet word. As gevolg van sy omstandighede word Vossie ’n oorlewingskunstenaar en hier word hy gementor deur George McLachlan Lazarus (Uncle) saam met wie hy sy reise aanpak. Uncle se vindingrykheid en wysheid gee besondere kleur aan hierdie roman. Die gebeure speel af in die Onderveld (Noord-Kaap, Betsjoeanaland, Duitswes) tussen 1913 (na die aanvaarding van die Landswette wat bepaal wie watter grond mag besit) en 1940, waardeur ’n alternatiewe geskiedenis van die streek geteken en subtiel politieke kommentaar gelewer word.[41] Die ATKV-prys en die M-Net-prys word in 2000 toegeken aan Draaijakkals. Onder die skuilnaam S.E. Lessing skryf hy die spanningsroman Gaping vir ’n moordenaar, wat handel oor die moord op ’n bekende rugbyspeler in Wêreldbekertyd. ’n Rukkie later kry sy plaasvervanger skielik epileptiese aanvalle en beswyk ook. Die moordenaar wil voorkom dat spelers gekies word waarvan hy nie hou nie en probeer deur sy moorde verseker dat die “regte” span eindelik op die veld draf. Kinder- en jeugverhale[wysig | wysig bron] Ook vir die jeug skryf hy romans. Los my uit, paloekas is kennelik outobiografies van aard, waar die era van eendsterte, Elvis Presley en groeiende apartheid in die laat vyftigerjare beskryf word. Dit is die verhaal van Archie Appelgryn wat teen die einde van 1959 ná ’n bankrot-vendusie met sy ouers van ’n plaas in die Vrystaat na Kimberley verhuis. Hier raak hy bewus van die onreg van rassediskriminasie wanneer hy betrokke raak by die kinderhuismeisie Eileen in sy klas, wat die swaard van rasse-herklassifikasie na Kleurling het wat oor haar kop hang. Die paloekas van die titel verwys na vele persone en instansies, soos die mense wat die politieke stelsel onkrities navolg, die bekrompe skoolstelsel, die bendekultuur en ook die hele politieke sisteem van apartheid.[42][43][44] Los my uit paloekas word bekroon met die Silwertoekenning van die Sanlam-prys in 1992. Die optog van die aftjoppers het as hoofkarakter ’n oorgewig, swaksiende, arm seun (Jacques Joubert of Jakkie) wat nie juis op die rugbyveld presteer nie, maar dan in die wedstryd vir jong entrepreneurs ’n karnavaloptog organiseer van al die verskoptes in die samelewing, oud en jonk en van alle rasse, en hulle sodoende tydelik in status verhoog. Jakkie word groot in ’n enkelouergesin, wat hierdie probleem dan ook subtiel vir die jeug uitbeeld. Die karakters in die boek is ’n besonder kleurryke versameling van ploerte en flentergatte, wat die meelewing vir enigiemand wat op enige gebied uit voel, soveel makliker maak.[45][46] Die optog van die aftjoppers verower die Sanlamprys Goue toekenning in 1994, die Scheepersprys in 1995 en is ook in 1995 die naaswenner van die ATKV-kinderboekprys vir ouderdomsgroep 13-15 jaar. Die boek word ook deur die Kinderboekforum genomineer vir ’n toekenning deur die International Board on Books for Young People (IBBY). Dana se jaar duisend vertel die verhaal van die oorlewendes van ’n aanval teen die einde van die eerste millennium, waar die toestande simbolies tegelykgestel word aan die vrese van die eietydse mense aan die einde van die tweede millennium. Die skatryk Viking, Olaf Roesbaard, word in sy vesting oorval en doodgemaak en slegs sy dogter Dana, twee patetiese slawe en ’n bok ontsnap. Hulle moet oorleef in ’n onherbergsame omgewing met die winter wat vinnig nader, terwyl ander vlugtelinge en swerwers ook by hulle aansluit. Dana neem leiding en ontdek die verskuilde talente van elkeen van haar geselskap, waardeur hulle oorleef.[47] Die Bronstoekenning van die Sanlam-prys word in 1998 verower deur Dana se jaar duisend en die Wes-Kaapse Kinderboekforum plaas dit op die erelys van boeke wat in 1998 gepubliseer is. Hy skryf ook verskeie kinderboeke, waaronder Die geel komplot vir 8-12-jariges. Hierdie boek is ’n muisavontuur waar Tara Tandmuis van Verlatedorp tande soek vir oom Mozzarella Muis se tandpaleis. Wanneer sy in Muisbosdorp kom, vind sy uit dat die dorpsraad beplan om die katte uit te honger en hulle dan op die muise los te laat. Die muise kom dan vorendag met ’n teen-offensief, wat hulle “die geel komplot” noem. Die stryd in hierdie kat-en-muis-speletjie kom op die dag van die jaarlikse muismarathon tot ’n klimaks. Weideman maak hier op kreatiewe wyse gebruik van letterlike vertolkings van bekende uitdrukkings. Die gevreesde kat Dierasie het byvoorbeeld “nie ’n kat se kans nie”, Tara sit “so stil soos ’n muis” en aan die einde het Tara behoorlik muisneste, om slegs ’n paar voorbeelde te noem.[48][49][50] Die geel komplot is in 2004 op die kortlys vir die toekenning van die M.E.R.-prys vir kinderlektuur. ’n Besondere verdienste is dat die boek in suiwer, vindingryke Afrikaans geskryf is en nie in die mengeltaal van meer Engels as Afrikaans wat die mode geword het vir jeugboeke nie. In die Rimpelstories-reeks (leesboekies vir gebruik op laerskool) skryf hy etlike boekies, insluitende Rykdom uit rommel, Ben, Babi, en die geel helikopter, Die raaisel van die spuitnaalde, Die storie van die lieweheersbesie en Koeries se rivier. Van sy verhale vir die jeug word in die versamelbundels Stories suid van die son en Goue fluit my storie is uit opgeneem.[51] Eerbewyse[wysig | wysig bron] In 1991 ontvang hy die erepenning van die Oudleerlingbond van die Hoërskool Namakwaland op Springbok. Die Versindaba in Stellenbosch vereer hom in 2006 met ’n Akkertoekenning vir sy bevordering van die Afrikaanse poësie.[52] In 2007 vereer die ATKV-tak in Kraaifontein hom met ’n ATKV Afrikoon-toekenning vir sy “enorme bydrae om die Afrikaanse letterkunde te verruim deur die beoefening van etlike genres, sy betrokkenheid by skrywersontwikkeling en sy verbintenis om die orale tradisie te bevorder”. Publikasies[wysig | wysig bron] Jaar | Publikasie | ---|---| 1966 | Hondegaloppie | 1969 | As die son kliplangs spring | 1970 | Klein manifes van ’n reisiger | 1977 | Hoera hoera die ysman | 1983 | Tuin van klip en vuur | 1987 | Uit hierdie grys verblyf | 1992 | Los my uit, paloekas! | 1994 | Die optog van die aftjoppers | Die donker melk van daeraad | | 1997 | ’n Staning onder sterre | Die onderskepper | | 1998 | Dana se jaar duisend | Pella lê ’n kruistog ver | | Ben, Babi en die geel helikopter | | Rykdom uit rommel | | 1999 | Draaijakkals | Gaping vir ’n moordenaar (onder die naam S.E. Lessing) | | Die raaisel van die spuitnaalde | | Die storie van die lieweheersbesie | | Koeries se rivier | | 2003 | Die geel komplot | 2005 | My plaas se naam is Vergenoeg | 2006 | Verskombuis | Newelig | | 2008 | Bloujare se stories | Vertalings[wysig | wysig bron] Jaar | Publikasie | ---|---| 2003 | Die boek van God: Die Bybel in verhaalvorm (Walter Wangerin) | 2005 | Die verhaal van Paulus (Walter Wangerin) | 2006 | Die boek van alle tye: Die storie van die Bybel (Trevor Dennis) | Jesus: ’n roman (Walter Wangerin) | Samesteller[wysig | wysig bron] Jaar | Publikasie | ---|---| 1991 | Alles op die spel | 1997 | Nuwe stemme 1 (saam met Anastasia de Vries) | Verwysings[wysig | wysig bron] - Hollander, Haydee Roekeloos: http://www.roekeloos.co.za/boekrak/boekra80.html - NB-Uitgewers: http://www.nb.co.za/authors/635 - Beuke-Muir, C.M. Universiteit van die Vrystaat: http://scholar.ufs.ac.za:8080/xmlui/handle/11660/1367 - Remembered: http://remembered.co.za/obituary/view/8504 - Kombuis, Koos. Rapport, 8 Junie 2003 - Malan, Lucas. Rapport, 25 Januarie 1998 - · Cloete, T.T. Beeld, 8 Desember 1997 - Conradie, Pieter. Insig, Februarie 1998 - Viviers, Marni Universiteit van Stellenbosch: http://scholar.sun.ac.za/handle/10019.1/1707 - Brink, André P. Rapport, 29 Januarie 1978 - Brink, André P. Tweede Voorlopige Rapport. Human & Rousseau Kaapstad Pretoria Johannesburg Eerste uitgawe 1980 - Cloete, T.T. Tydskrif vir Geesteswetenskappe. Jaargang 18 no. 2, Junie 1978 - Roodt, P.H. Die Transvaler, 22 April 1978 - Grové, A.P. Tydskrif vir Geesteswetenskappe. Jaargang 28 no. 3, September 1988 - Gouws, Tom. Insig, Januarie 1988 - Viljoen, Louise. Insig, Augustus 1998 - Engelse Wikipedia: en:George Weideman - Odendaal, Bernard. Insig, Augustus 1997 - Hambidge, Joan. Tydskrif vir Letterkunde. Jaargang 35 no. 4, Augustus 1997 - Kannemeyer, J.C. Op weg na 2000. Tafelberg-Uitgewers Beperk Eerste uitgawe 1998 - Meeste van Weideman se dramas is steeds ongepubliseer. Vir inligting oor sy drama-oeuvre is swaar gesteun op Christina Maria Beuke-Muir se ongepubliseerde Ph.D.-proefskrif getitel “’n Ondersoek na George Weideman as dramaturg”, wat in November 2010 aan die Universiteit van die Vrystaat voltooi is. Hierdie proefskrif kan op die Internet gevind word by die volgende skakel: http://scholar.ufs.ac.za:8080/xmlui/handle/11660/1367 - Van Coller, Hennie en Van Jaarsveld, Anthea Free Library: http://www.thefreelibrary.com/Vergenoeg%3A+George+Weideman+as+dramatist%2FVergenoeg%3A+George+Weideman+as...-a0198809045 - Esat: http://esat.sun.ac.za/index.php/George_Weideman - Cruywagen, Eben. Die Burger, 30 September 2006 - Coetser, Johan. Beeld, 20 Februarie 2006 - Snyman, Henning. Tydskrif vir Letterkunde. Jaargang 22 no. 2, Mei 1984 - Brink, André P. Rapport, 2 Oktober 1983 - Smuts, J.P. Burgerband, Tafelberg-Uitgewers Beperk Kaapstad Eerste uitgawe 1985 - Smuts, J.P. Beeld, 27 Februarie 1984 - Aucamp, Hennie. Dagblad. HAUM-Literêr Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe Eerste Druk 1987 - Olivier, Fanie. Rapport, 23 April 1995 - Aucamp, Hennie. Insig, Oktober 1994 - Hambidge, Joan. Die Burger, 20 Julie 1994 - Hambidge, Joan. Woorde wat weeg: http://joanhambidge.blogspot.co.za/2013/02/george-weideman-newelig-2007.html - Aucamp, Hennie. Rapport, 27 Mei 2007 - Human, Thys. Beeld, 14 Mei 2007 - Kannemeyer, J.C. Rapport, 20 Januarie 2008 - Roux, Jaybee. Beeld, 27 Augustus 2007 - Olivier, Fanie. Beeld, 2 Maart 1998 - Roos, Henriette. Insig, Maart 1998 - Botha, Elize. Beeld, 8 November 1999 - Anoniem. Die Burger, 1 Desember 1992 - Anoniem Rapport, 6 Desember 1992 - Steenberg, Elsabe. Tydskrif vir Letterkunde. Jaargang 31 no. 4, November 1993 - Steenberg, Elsabe. Tydskrif vir Letterkunde. Jaargang 33 no. 2, Mei 1995 - Le Roux, Marina. Die Burger, 14 Desember 1994 - Van der Walt, Thomas. Plus, 15 Januarie 1999 - Vorster, Magdel. Rapport, 28 September 2003 - De Wet, Jacques. Beeld, 12 Januarie 2004 - Hugo, Jeanne. Beeld, 21 Januarie 2005 - Storiewerf: http://www.storiewerf.co.za/cvs/cv_georgeweideman.htm - Versindaba: http://versindaba.co.za/gedigte/george-weideman/ Boeke[wysig | wysig bron] - Askes, H. en Landman, J.N. (samestellers) Voorspraak. Tafelberg-Uitgewers Beperk Kaapstad Eerste uitgawe Tiende druk 1994 - Botha, Danie. Die helder dae. Tafelberg-Uitgewers Beperk Kaapstad Eerste uitgawe 2014 - Brink, André P. Vertelkunde. Academica Pretoria en Kaapstad Eerste uitgawe 1987 - Cloete, T.T. (red.) Die Afrikaanse literatuur sedert sestig. Nasou Beperk Eerste uitgawe 1980 - De Vries, Abraham H. Kortom 2. Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe 1989 - Grové, A.P. Letterkundige sakwoordeboek vir Afrikaans. Nasou Beperk Vyfde uitgawe Eerste druk 1988 - Kannemeyer, J.C. Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 2. Academica, Pretoria, Kaapstad en Johannesburg Eerste uitgawe Eerste druk 1983 - Kannemeyer, J.C. (red.) Kraaines. Human & Rousseau Kaapstad en Johannesburg Eerste uitgawe 1988 - Kannemeyer, J.C. Verse vir die vraestel. Tafelberg-Uitgewers Beperk Eerste uitgawe 1998 - Kannemeyer, J.C. Die Afrikaanse literatuur 1652–2004. Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe 2005 - Nienaber, P.J., Roodt, P.H. en Snyman, N.J. (samestellers) Digters en digkuns. Perskor-Uitgewers Kaapstad Vyfde uitgawe Sewende druk 2007 - Pheiffer, R.H. Woordpaljas. Human & Rousseau Kaapstad en Johannesburg Derde uitgawe Derde druk 1993 - Rode, Linda en Gerwel, Jakes (samestellers) Keerpunt. Kwela Boeke Kaapstad Eerste uitgawe Eerste druk 1995 - Van Coller, H.P. (red.) Perspektief en Profiel Deel I. J.L. van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 1998 - Van Coller, H.P. (red.) Perspektief en Profiel Deel 2. J.L. van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 1999 - Van Coller, H.P. en Odendaal, B.J. George Weideman (1947-). in Van Coller, H.P. (red.) Perspektief en Profiel Deel 2. J.L. van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 1999 - Van Coller, H.P. (red.) Perspektief en Profiel Deel 3. Van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 2006 - Wybenga, Gretel en Snyman, Maritha (reds.) Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom. Lapa-Uitgewers Eerste uitgawe Tweede druk 2005 Tydskrifte en Koerante[wysig | wysig bron] - Anoniem. Ons herontken ou Afrikaans. Plus, 21 Oktober 1999 - De Vries, Abraham H. George Weideman nou anderkant die etmaal. By, 30 Augustus 2008 - De Wee, Maygene. Weideman verloor stryd. Beeld, 29 Augustus 2008 - Foster, Ronel. Epistemologiese en ontologiese dominante in ‘Die beiteltjie’ van N.P. van Wyk Louw en ‘Kieselguhrkleim’ van George Weideman. Tydskrif vir Letterkunde. Jaargang 41 no. 1, Somer 2004 - Hough, Barrie. Weideman-figure soek na ’n eie plek. Rapport, 24 Oktober 1999 - Korrespondent. Weideman se roman palm Hofmeyr-prys in. Plus, 28 April 1998 - Le Roux, André. Gedigte in die stilte van die oggend vroeg. Die Burger, 21 Desember 1987 - Lombard, Jean. Die verhouding Afrika- en Westerse tradisies, soos uitgebeeld in enkele Afrikaanse verhale oor die watergees. Tydskrif vir Letterkunde. Jaargang 35 no. 4 en Jaargang 36 no. 1, November 1997/Februarie 1998 - Meyer, Susan. ‘We who cannot speak lived there first’: A new claim to land in ‘My plaas se naam is Vergenoeg’ by George Weideman. Tydskrif vir Letterkunde. Jaargang 49 no. 2 Lente 2012 - Nieuwoudt, Stephanie. George Weideman wen met sy ‘Draaijakkals’. Beeld, 20 Maart 2000 - Nieuwoudt, Stephanie. Ek sal help bou – op mý manier. Plus, 2 Augustus 2000 - Prins, Gavin. Weideman was ’n vegter tot die einde. Rapport, 31 Augustus 2008 - Retief, Hanlie. ’n Gedig in ’n pampoen. Rapport, 19 November 2006 - Smith, Charles. Afrikaans ‘aan die blom’. Beeld, 19 Julie 2004 - Smuts, J.P. en Ria. ’n Moderne parabel: ‘(Gelykenis)’ van George Weideman. Tydskrif vir Letterkunde. Jaargang 32 no. 4, November 1994 - Van Zyl, Dorothea. Wydse Weideman se alsydige 60. Rapport, 1 Julie 2007 - Van Zyl, Wium. George Weideman (1947–2008). Tydskrif vir Letterkunde. Jaargang 46 no. 1, Herfs 2009 Internet[wysig | wysig bron] - Britz, Elretha Volksblad: http://126.96.36.199/argief/berigte/volksblad/1999/03/8/8/5.html - Die Burger: http://188.8.131.52/argief/berigte/dieburger/2000/01/05/4/3.html - Die Burger: http://184.108.40.206/argief/berigte/dieburger/2007/07/02/SK/10/weideman.html - Die Burger: http://220.127.116.11/argief/berigte/dieburger/2008/08/29/SK/1/mdwWeideman.html - De Vries, Abraham Die Burger: http://18.104.22.168/argief/berigte/dieburger/2008/08/29/SK/12/GEORGEWEIDEMAN.html - Fransman, Willem Jr. Die Burger: http://22.214.171.124/argief/berigte/dieburger/2008/09/03/SK/11/0209fransman.html - Hough, Barrie Rapport: http://126.96.36.199/argief/berigte/rapport/1999/10/24/2/46.html - Le Roux, André Die Burger: http://188.8.131.52/argief/berigte/dieburger/1994/08/16/10/9.html - Liebenberg, Danila Volksblad: http://184.108.40.206/argief/berigte/volksblad/2008/08/30/VB/9/dlgeorgeweideman.html - Lubbe, Dave: Volksblad: http://220.127.116.11/argief/berigte/volksblad/2008/12/20/VB/12/weideman.html - Malan, Mariana Die Burger: http://18.104.22.168/argief/berigte/dieburger/1997/12/03/37/3.html - Nieuwoudt, Stephanie Beeld: http://22.214.171.124/argief/berigte/beeld/1999/10/21/6/19.html - Nieuwoudt, Stephanie Beeld: http://126.96.36.199/argief/berigte/beeld/2000/08/02/5/3.html - Rapport: http://188.8.131.52/argief/berigte/rapport/2008/09/01/RH/14/gpgeorgie.html - Uys, Theunis Die Burger: http://184.108.40.206/argief/berigte/dieburger/2008/08/30/BY/14/GeworgeWeid.html - Van den Bergh, Renée Die Burger: http://220.127.116.11/argief/berigte/dieburger/2008/08/18/SK/11/BBrebelcherDoepa.html
<urn:uuid:5e6b8fcb-7ad5-4492-a354-27fcbf2639df>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/George_Weideman
2019-07-17T19:28:50Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525374.43/warc/CC-MAIN-20190717181736-20190717203736-00042.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
1.000003
false
Rovaniemi Rovaniemi (Fins: [roʋɑˈniemi] ) is 'n stad en munisipaliteit van Finland. Dit is die administratiewe hoofstad en kommersiële sentrum van Finland se noordelike provinsie, Lapland. Dit is ongeveer 6 kilometer suid van die Arktiese Sirkel geleë en lê tussen die heuwels van Ounasvaara en Korkalovaara, by die samevloeiing van die Kemijoki en sy sytak, die Ounasjoki. Die stad en die omliggende Rovaniemen maalaiskunta (Landelike munisipaliteit van Rovaniemi) is op 1 Januarie 2006 in een entiteit gekonsolideer. Die nuwe munisipaliteit het 'n oppervlakte van 7,581,86 vierkante kilometer, waardeur dit die grootste stad in die Europese Unie per land is. Rovaniemi het 'n geskatte bevolking van 62,000.[1] Naam[wysig | wysig bron] Die rova-deel in die naam Rovaniemi word dikwels beskou as van Saamiese oorsprong, aangesien "roavve" in Saami 'n beboste rif of heuwel of die plek van 'n ou bosvuur aandui. In Suid-Saami-dialekte beteken dit egter 'n hoop klippe, 'n rots of 'n groep rotse in 'n stroomversnelling of selfs 'n sauna-stoof. Die niemi-deel van die naam beteken "kaap". Verskillende spellings sluit in Inari Sami: Ruávinjargâ; Noordelike Sami: Roavenjárga en Roavvenjárga; Skolt Sami: Ruä'vnjargg. Geskiedenis[wysig | wysig bron] Periodieke opruiming van nuwe grond vir landbou en die beoefening van Sny-en-brand-landbou het ongeveer 750-530 vC begin. Artefakte gevind in die gebied dui daarop dat 'n toenemende aantal reisigers uit Karelië in die ooste, Häme in die suide en die kus van die Arktiese Oseaan in die noorde vanaf 500 nC daarvandaan moet kom. Die Sami word beskou as Lapland se mees inheemse bestaande bevolking. Dit word eers in 1453 in die amptelike dokumente genoem. Dit is effektief as 'n stel klein dorpe waarvan die inwoners hul hoofsaaklik in landbou en veeteelt verdien het - met visvang en jag die belangrikste uitlopers. Die uitbuiting van Lapland se natuurlike hulpbronne in die 1800's het Rovaniemi se groei versterk. Uitgebreide houtkappery en goudstormloop[2][3] het duisende mense na Lapland gelok. Namate die mynbou van natuurlike hulpbronne toegeneem het, het Rovaniemi die sakesentrum van die provinsie van Lapland geword.
<urn:uuid:fc113c49-8354-4555-9ecb-3895fafd5b67>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Rovaniemi
2019-07-17T18:52:41Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525374.43/warc/CC-MAIN-20190717181736-20190717203736-00042.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999927
false
Boekbronne Jump to navigation Jump to search Biblioteke Suid-Afrika: - Soek die boek in die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika se katalogus - Soek die boek in die SEALS Konsortium se biblioteek - Soek die boek in die Universiteit van Suid-Afrika se biblioteek - Soek die boek in die Universiteit van die Witwatersrand se biblioteek - Soek die boek in die Kaapse Hoër Onderwys Konsortium se biblioteek Wêreldwyd: - Soek die boek deur WorldCat in jou plaaslike biblioteek se katalogus Boekwinkels Suid-Afrika: Ander lande:
<urn:uuid:a056bd92-6366-40cc-af57-4d66d923bd64>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Boekbronne/978-0-521-08341-6
2019-07-17T19:20:27Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525374.43/warc/CC-MAIN-20190717181736-20190717203736-00042.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999935
false
Texas Guinan Texas Guinan | | Geboortenaam | Mary Louise Cecilia Guinan | ---|---| Geboorte | 12 Januarie 1884 | Nasionaliteit | Amerikaans | Sterfte | 5 November 1933 (op 49) | Beroep(e) | Aktrise en vervaardiger | Aktiewe jare | 1906–1933 | Internet-rolprentdatabasis-profiel | Texas Guinan (12 Januarie 1884 – 5 November 1933) was 'n Amerikaanse aktrise en vervaardiger. Sy was bekend vir haar rolle in die rolprente The Stainless Barrier (1917), The Gun Woman (1918), I Am the Woman (1921), en Queen of the Night Clubs (1929). Filmografie[wysig | wysig bron] Rolprente[wysig | wysig bron] - 1917: The Stainless Barrier - 1917: The Fuel of Life - 1918: The Gun Woman - 1918: The Love Brokers - 1921: I Am the Woman - 1921: The Stampede - 1929: Queen of the Night Clubs
<urn:uuid:edbbbb90-4e79-43b4-b17b-2ad742416d39>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Texas_Guinan
2019-07-17T19:17:32Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525374.43/warc/CC-MAIN-20190717181736-20190717203736-00042.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.973251
false
1789 jaar 1789 | ◄ | 17de eeu | ◄18de eeu► | 19de eeu | ► | Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal | Sien ook: Kategorie:1789 | Kalenders | | Die Groote Kerk se kansel | | Die jaar 1789 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 89ste jaar van die 18de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. GebeureWysig - Begin van die Suid-Afrikaanse wolskaapbedryf: 'n Handjievol merinoskape – 'n geskenk aan Nederland van die koning van Spanje – kom in die Kaap aan. - 30 Maart – Pous Pius VI stel nege nuwe kardinale aan waaronder Joseph Franz Anton von Auersperg, prins-biskop van Passau. - 30 April – George Washington word die eerste president van die Verenigde State. - 14 Julie – Die Franse Rewolusie begin met die bestorming van die gevangenis Bastille in Parys. - 20 Junie – Die Tennisbaan-eed. Die volksverteenwoordigers van Frankryk wat uitgesluit is uit die parlement in Versailles, neem 'n eed om nie te verdaag totdat 'n grondwet aanvaar is nie. - 3 Augustus – Pous Pius VI stel Ludovico Flangini Giovanelli, ouditeur van die Heilige Roomse Rota, aan as kardinaal. - 28 Augustus – William Herschel ontdek Enkelados, die sesde grootste maan van die planeet Saturnus. - 17 September – William Herschel ontdek Mimas, die sewende grootste maan van die planeet Saturnus. - 21 November – Noord-Carolina word die 12de deelstaat van die Verenigde State. - November - Die Groote Kerk in Kaapstad kry 'n nuwe kansel, vervaardig deur Anton Anreith.
<urn:uuid:ce149fbd-6473-4fba-9a6b-32bbeb2c078b>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/1789
2019-07-18T23:24:53Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525863.49/warc/CC-MAIN-20190718231656-20190719013656-00202.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999846
false
Damaskus Damaskus (Arabies: دمشق Dimashq, Frans: Damas) is die hoofstad en die grootste stad van Sirië met 'n bevolking van sowat 1 834 750 in 2010 en 'n oppervlakte van 105 km². Damaskus is die oudste steedsbewoonde hoofstad ter wêreld en word as UNECSO-Wêrelderfenisgebied gelys.[1] Damaskus دمشق Damas | Bynaam: Stad van Jasmyn (مدينة الياسمين) | ||| Koördinate: Koördinate: | ||| Land | Sirië | || ---|---|---|---| Regering | ||| - Goewerneur | Bishr Al Sabban | || Oppervlak | ||| - Stad | 105 km² (40 5 vk m) | || - Land | 77 km² (29 7 vk m) | || Bevolking (2010) | ||| - Stad | 1 834 741 | || - Digtheid | 6 605/km² (17 106,9/myl2) | || Tydsone | EET (UTC+2) | || - Somer (DST) | EEST (UTC+3) | || Webwerf: damascus.gov.sy | GeografieWysig LiggingWysig Damaskus is 15 kilometer oos van die Siries-Libanese grens geleë. Die Golanhoogtes, wat in die Sesdaagse Oorlog in 1967 deur Israel beset is, is 45 kilometer suidwes van Damaskus geleë. 100 kilometer suid van die stad loop die grens met Jordanië. Die stadsgebied is in die Baradavallei, 690 meter bo seevlak teen die voet van die Qasyunbergpiek, geleë. Die Ghuta-oase is van ouds die lewensaar van Damaskus. Dit kry sy water uit die Barada, 'n rivier sonder monding wat in die westelike gebergtes van die Anti-Libanon ontspring en dwarsdeur die jaar water het. Oos van Damaskus strek die Siriese Woestyn suidwaarts tot by die Arabiese Skiereiland.
<urn:uuid:9087b30e-ef99-4e92-ba85-a49f24e0b47b>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Damaskus
2019-07-18T23:19:23Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525863.49/warc/CC-MAIN-20190718231656-20190719013656-00202.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998793
false
Harlan Parker Banks Harlan Parker Banks (1 September 1913 - 22 November 1998) was 'n Amerikaanse paleobotanis en Liberty Hyde Bailey Professor Emeritus by die Kollege vir Landbou en Lewenswetenskappe van die Cornell Universiteit, en is bekend vir sy studies van Devoniese-plante. Hy was 'n Fulbright-navorsingswetenskaplike en Guggenheim-genoot, 'n mede-lid van die Amerikaanse Vereniging vir die Bevordering van Wetenskap, 'n lid van die Nasionale Akademie vir Wetenskap en president van die Botaniese Vereniging van Amerika. [1] Die standaard outeursafkorting H.P.Banks word gebruik om hierdie persoon as die skrywer aan te dui wanneer 'n botaniese naam aangehaal word. Sien Ook[wysig | wysig bron] Verwysings[wysig | wysig bron] - John Kingsbury; Karl Niklas; Natalie Uhl. "Harlan Parker Banks Memorial Statement". Cornell University, Office of the Dean of the University Faculty.
<urn:uuid:d5248ef0-2a2a-4e44-a8dc-001b5cfcc535>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Harlan_Parker_Banks
2019-07-19T00:27:06Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525863.49/warc/CC-MAIN-20190718231656-20190719013656-00202.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999894
false
Bespreking:Balgowan, KwaZulu-Natal Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Balgowan, KwaZulu-Natal-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. | Artikelriglyne Daaglikse bladtrekke | | Aangesien hierdie 'n plek in RSA is en die ander plekke blykbaar maar opskuur is, sal ons dit nie maar eerder net skuif na Balgowan nie? 'n Skakel na Balgowan loop tans op niks uit nie. Ek neem aan dat die Suid-Afrikaanse Balgowan verreweg die relevantste is vir 'n Afrikaanse leser. Ons kan na 'n dubbelsinnigheidsblad skakel as daar later artikels oor die ander is, of hoe? --Alias 11:28, 3 Februarie 2007 (UTC) Ek voel nie te sterk daaroor nie - jy kan maar skuif as jy wil. Ek het wel die Engelse voorbeeld gevolg en seker ook bietjie gewonder of die "oorspronklike" Balgowan in Skotland nie die eer moet kry nie. Laurens 15:31, 3 Februarie 2007 (UTC) - Al waaroor ek definitief sterk voel is dat 'n as iemand skakel na Balgowan (in hierdie voorbeeld) hulle by die artikel(s) oor die onderwerp moet kan uitkom. Op die oomblik is dit nie so nie. Ek voel ons kan eerder in die algemeen sonder verklarings van dubbelsinnigheid gaan totdat die dubbelsinnigheid voorkom. --Alias 21:19, 3 Februarie 2007 (UTC) - Ek het solank 'n deurwysing ingesit wat mens na die artikel vat al sit jy nie die Kwazulu-Natal deel by nie. Ter loops - wat is die korrekte spelvorm vir die provinsie. In Engels gebruik hulle 'n hoofletter vir die Z maar ons gebruik tans in die hoof artikel (Kwazulu-Natal) 'n kleinletter z. Laurens 06:48, 4 Februarie 2007 (UTC) Stukkende eksterne skakel[wysig bron] During several automated bot runs the following external link was found to be unavailable. Please check if the link is in fact down and fix or remove it in that case! - http://www.shelaghspencer.co.za/settlers/byrne_settlers.htm (archive)
<urn:uuid:40cc1a00-0d56-4b78-8f34-b33c6c41929a>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Balgowan,_KwaZulu-Natal
2019-07-21T11:07:31Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00522.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999973
false
Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/24 Desember Jump to navigation Jump to search - 1726 – Die goewerneur van Buenos Aires stig Montevideo. - 1905 – Gebore: Howard Hughes, Amerikaanse vliegpionier, rolprentregisseur en filantroop. - 1906 – Reginald Fessenden saai die eerste radio-uitsending ooit uit. - 1914 – Britse en Duitse soldate onderbreek die Eerste Wêreldoorlog om Kersfees te vier, en begin só die Kersvrede. - 1951 – Libië word van Frankryk en die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
<urn:uuid:0a126506-b03f-44a2-b0e6-9ab3f4e41192>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Wikipedia:Uitgesoekte_herdenkings/24_Desember
2019-07-16T12:57:31Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524548.22/warc/CC-MAIN-20190716115717-20190716141717-00466.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99922
false
Original Research Prestasiebeoordeling: 'n Faktoranalitiese geldigheidstudie Submitted: 14 May 1988 | Published: 15 May 1988 About the author(s) W. P. Smith,, South AfricaA. L. Barnard, Potchefstroomse Universiteit vir C.H.O., South Africa H. S. Steyn, Potchefstroomse Universiteit vir C.H.O., South Africa Full Text: PDF (1MB)Abstract Opsomming Die doel van die studie was die geldigheidsbepaling van 'n algemene prestasiebeoordelingstelsel deur die toepassing van faktorontleding. Daar is bevind dat die prestasiebeoordelingstelsel wel oor 'n aanvaarbare mate van algemene geldigheid beskik, veral sover dit konstrukgeldigheid aangaan, en dat die drie konstrukte, bestuurs-, werks- en aanpassingsvermoe, wel tot 'n bevredigende mate deur die betrokke meetinstrument geevalueer kan word. Keywords Metrics Total abstract views: 1866Total article views: 2909
<urn:uuid:e19fdbce-f14f-4e7e-90eb-7faaaf171cc6>
CC-MAIN-2019-30
https://sajip.co.za/index.php/sajip/article/view/476
2019-07-17T19:00:59Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525374.43/warc/CC-MAIN-20190717181736-20190717203736-00066.warc.gz
by
4.0
a_tag
false
true
{ "abbr": [ "by", "by" ], "in_footer": [ true, false ], "in_head": [ false, false ], "location": [ "a_tag", "a_tag" ], "version": [ "4.0", "4.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.991132
false
Vier temperamente Vier temperamente is 'n proto-sielkundige teorie wat daarop dui dat daar vier fundamentele persoonlikheidstipes is, naamlik sanguinies (optimisties en sosiaal), choleries (kort van draad of prikkelbaar), melancholies (analities en stil), en flegmaties (ontspanne en rustig). Die meeste formulerings sluit die moontlikheid van kombinasies van die tipes in. Die Griekse geneesheer Hippokrates (c. 460 – c. 370 v.C.) het die vier temperamente as deel van die antieke mediese konsep van humores by sy mediese teorieë geïnkorporeer, naamlik dat liggaamsvloeistowwe menslike karaktertrekke en gedrag beïnvloed. Latere ontdekkings in biochemie het tot die verwerping van die teorie van die vier temperamente gelei. Sommige persoonlikheidstipestelsels van wisselende wetenskaplike inslag maak egter steeds van vier of meer soortgelyke kategorieë gebruik. Inhoud Geskiedenis en ontwikkeling[wysig | wysig bron] Die temperamentteorie het uit die antieke vier humore-teorie ontstaan wat sy oorsprong moontlik in antieke Egipte[2] of Mesopotamië[3] gehad het, maar dit was die Griekse geneesheer Hippokrates (460-370 v.C.) wat dit in 'n mediese teorie ontwikkel het. Hy het geglo dat sekere menslike gemoedstemmings, emosies en gedrag deur 'n oormaat of gebrek aan liggaamsvloeistowwe ("humores") toegeskryf kon word: bloed, geel gal, swart gal en slym. Ná hom het Galen (129 – c. 200 n.C.) die eerste temperamenttipologie in sy verhandeling De temperamentis, ontwikkel en na fisiologiese redes vir verskillende gedrag in mense gesoek. Na aanleiding van die klassieke elemente het hy hulle as warm/koud en droog/nat geklassifiseer.[4] Daar kan ook "balans" tussen die kwaliteite wees wat dan op 'n totaal van nege temperamente neerkom. Die woord "temperament" self kom van die Latynse "temperare", "om te meng". In die ideale persoonlikheid bestaan daar 'n perfekte balans tussen die komplementêre eienskappe en warm-koel, droog-klam. In vier minder ideale persoonlikhede is een van die vier kwaliteite dominant oor die ander. In die oorblywende vier tipes is daar een paar kwaliteite wat die komplimentêre paar domineer, byvoorbeeld: warm en vogtig domineer koel en droog. Hierdie laasgenoemde vier was die temperamentele kategorieë wat Galen onderskeidelik "sanguinies", "choleries", "melancholies" en "flegmaties" na die liggaamsvloeistowwe vernoem het. Elkeen was die resultaat van 'n oormaat van een van die humores wat die wanbalans in twee-twee kwaliteite geproduseer het.[5][6][7] In sy Kanon van Geneeskunde ('n standaard mediese teks aan baie Middeleeuse universiteite), het die Persiese geleerde Avicenna (980-1037 v.C.) op die temperamentteorie uitgebrei en "emosionele aspekte, verstandelike vermoë, morele gesindhede, selfbewussyn, bewegings en drome" daarby ingesluit.[8] Nicholas Culpeper (1616–1654), het die humores as regulerende beginsels in liggaamlike gesondheid beskryf wat ooreenkomte met die astrologiese toon,[9] en hulle invloed op fisionomie (gesigsuitdrukking) en persoonlikheid verduidelik.[10] Culpeper het voorgestel dat alhoewel sommige mense 'n enkele temperament het, daar by ander mense 'n mengsel van twee voorkom, naamlik 'n primêre en sekondêre temperament.[11] Immanuel Kant (1724–1804), Rudolf Steiner (1861–1925), Alfred Adler (1879–1937), Erich Adickes (1866–1925), Eduard Spranger (1914), Ernst Kretschmer (1920), en Erich Fromm (1947) het almal oor die vier temperamente (met ander name) geteoretiseer en ons moderne teorieë oor temperament grootliks gevorm. Hans Eysenck (1916–1997) was een van die eerste sielkundiges wat persoonlikheidsverskille ontleed het deur van 'n psigo-statistiese metode (faktor-analise) gebruik te maak. Op grond van sy navorsing het hy geglo dat temperament biologies gebaseer is. Die faktore wat hy in sy boek Dimensions of Personality voorgestel het, was Neurotisme (N), die geneigdheid om negatiewe emosies te ervaar en Ekstroversie (E), die geneigdheid om positiewe, veral sosiale gebeure te geniet. Deur die twee dimensies te kombineer, het Eysenck opgemerk dat die resultate soortgelyk aan die vier antieke temperamente was. Ander navorsers het soortgelyke stelsels ontwikkel waarvan baie nie die antieke temperamentname gebruik het nie, en verskeie het ekstroversie met 'n ander faktor gepaar wat verhouding/taak-oriëntering sou bepaal. Voorbeelde is DiSC-assessering, sosiale style en 'n teorie wat 'n vyfde temperament byvoeg. Een van die gewildstes is die Keirsey Temperamentsorteerder (KTS) waarvan die vier temperamente hoofsaaklik op die Griekse gode Apollo, Dionysus, Epimetheus en Prometheus gebaseer is, en na die 16 tipes van die Myers–Briggs Type Indicator (MBTI) afgebeeld is. Hulle is later as Vakman (SP), Bewaker (SJ), Idealis (NF), en Rasionalis (NT) hernoem. Eerder as om ekstroversie en introversie (E/I) en taak-/mensgeoriënteerd te gebruik, het KTS die temperamente na "Sintuiglik" en "Intuïtief" (S/N) afgebeeld (later as "konkreet" en "abstrak" hernoem), met 'n nuwe gepaarde kategorie, "koöperatief" en "pragmaties". Wanneer "Informatiewe" en "Direktiewe" rolle (ooreenstemmend met mens- of taakgeoriënteerd) en uiteindelik E/I ingereken word, word die 16 tipes verkry. Laastens kombineer die Interaction Styles van Linda V. Berens "Direktief" en "Informatief" met E/I om nog 'n groep "style" te vorm wat sterk aan die antieke temperamente herinner, en hulle word saam met die Keirsy-temperamente na die 16 tipes afgebeeld. Die moderne mediese wetenskap het die teorieë van die vier temperamente verwerp, maar hulle word steeds as 'n metafoor binne sekere sielkundige velde gebruik.[12] Klassiek | Element | Adler[13] | ---|---|---| Melancholies | Aarde | Vermydend | Flegmaties | Water | Verkrygend | Sanguinies | Lug | Sosiaal bruikbaar | Choleries | Vuur | Regerend | Die vier temperamenttipes[wysig | wysig bron] Elkeen van die vier temperamenttipes het in antieke tye met 'n ander persoonlikheidstipe ooreengestem en is met 'n oorheersing van verskeie biologiese funksies geassosieer. Lievegoed het aangevoer dat die temperamente die duidelikste tussen die ouderdom van ongeveer 6 en 14 jaar na vore kom waarná hulle ondergeskikte (dog steeds invloedryke) faktore in persoonlikheid word.[14] Sanguinies[wysig | wysig bron] Die sanguiniese temperament word tradisioneel met lug geassosieer. Mense met hierdie temperament is geneig om opgewek, gesellig, sorgvry, spraaksaam en genotsugtig te wees. Hulle is gewoonlik hartlik en optimisties. Hulle maak maklik vriende, is verbeeldingryk en kunstig en het dikwels baie idees.[15][16] Hulle kan egter wispelturig en wisselvallig wees, wat beteken dat sanguiniese persoonlikhede soms sukkel om take deur te voer en chronies laat en vergeetagtig is.[17] Pedagogies word hulle die beste bereik deur hulle liefde vir 'n vak en bewondering vir mense aan te wakker.[17] Choleries[wysig | wysig bron] Die choleriese temperament word tradisioneel met vuur geassosieer. Mense met hierdie temperament is geneig om selfgesentreerd en ekstroverties te wees. Hulle is dikwels liggeraak, impulsief en rusteloos, met aggressie-, energie- en/of passiereserwes, en hulle poog om dit by ander mense te vestig.[15][16] Hulle is geneig om taakgeoriënteerd te wees en fokus op die doeltreffende afhandeling van take; hulle leuse is gewoonlik "doen dit nou". Hulle is dikwels ambisieus, wilskragtig en hou daarvan om in beheer te wees. Hulle toon leierskap, is goeie beplanners en is dikwels prakties en oplossinggeoriënteerd.[15] Dit is vir hulle belangrik om respek en waardering vir hulle werk te ontvang.[17]:20 Pedagogies word hulle deur wedersydse respek bereik en deur toepaslike uitdagings wat aan hulle vermoëns laat reg geskied.[17] Melancholies[wysig | wysig bron] Die melancholiese temperament word tradisioneel met die element aarde geassosieer. Mense met hierdie temperament kan ernstig, introverties, behoedsaam of selfs agterdogtig voorkom. Hulle denke kan deur die tragedie en wreedheid in die wêreld in beslag geneem word en hulle is vatbaar vir depressie en buierigheid. Hulle is gewoonlik gefokus en pligsgetrou. Hulle verkies dit om dinge self te doen – eerstens om aan hulle eie standaard te voldoen en tweedens aangesien hulle nie inherent sosiaal is nie.[16][15] Pedagogies word hulle bereik deur hulle simpatie vir ander en die lyding van die wêreld aan te wakker.[17] Flegmaties[wysig | wysig bron] Die flegmatiese temperament word tradisioneel met water geassosieer. Mense met hierdie temperament is gewoonlik na binne gekeer en privaat, bedagsaam, verstandig, kalm, geduldig, deernisvol en verdraagsaam. Hulle is geneig om 'n ryker innerlike lewe te hê, 'n stil, vreedsame atmosfeer te verkies en selfgenoegsaam te wees. Hulle is gewoonlik standvastig, konsekwent in hulle gewoontes, en dus bestendige en getroue vriende.[15][16] Pedagogies word hulle belangstelling dikwels gewek wanneer hulle ander mense se belangstelling in 'n vak ervaar.[17] Flegmatiese mense kan taamlik droog of lomp voorkom. Hulle is geneig om stadig of oënskynlik aarselend te praat.[15] Afname in gewildheid[wysig | wysig bron] Toe die konsep van die temperamente begin taan, het baie kritici die flegmatiese weggelaat, of dit bloot negatief, soos deur die Duitse filosoof Immanuel Kant, as die afwesigheid van temperament gedefinieer. In die Vyf Temperament-teorie word die Flegmatiese temperament inderdaad as 'n neutrale temperament beskou terwyl die "verhoudingsgeoriënteerde introvert"-posisie wat tradisioneel deur die Flegmaat ingeneem is, as 'n nuwe "vyfde temperament" beskou word. Kontemporêre toepassings[wysig | wysig bron] In Waldorf-onderwys en antroposofie word die temperamente gebruik om persoonlikheid te help verstaan. Die temperamente word as onderrigkanale beskou; aangesien elke kind oor 'n unieke kombinasie van die vier beskik, kan hulle gebruik word om die metodes te individualiseer waarmee individuele kinders benader word, om 'n klasbalans te skep én om met dissipline te help. Die skrywer Florence Littauer beskryf die vier persoonlikheidstipes in haar boek Personality Plus. Sien ook Tweefaktor-modelle van persoonlikheid. Kulturele verwysings[wysig | wysig bron] In 1946 het George Balanchine 'n ballet gechoreografeer wat hy Die Vier Temperamente genoem het en waarvoor wat Paul Hindemith die musiek geskryf het. Die musiek, en dus die ballet, bestaan uit vyf dele: 'n tema en vier variasies getiteld Melancholies, Sanguinies, Flegmaties en Choleries. Die Deense komponis Carl Nielsen se Simfonie #2 (1901-02), Op. 16 getiteld "Die Vier Temperamente" is op die Vier Temperamente gestruktureer. Warhammer 40,000 se Mournival het die vier temperamente gebruik om elk van die vier lede se persoonlikhede te inspireer. Sien ook[wysig | wysig bron] - Fundamental Interpersonal Relations Orientation - Enneagram of Personality - Table of similar systems of comparison of temperaments - Myers-Briggs Type Indicator - Keirsey Temperament Sorter - Personality Plus - Five Temperaments - DISC assessment Verwysings[wysig | wysig bron] - Woodcut from Johann Kaspar Lavater, Physiognomische Fragmente zur Beförderung der Menschenkenntnis und Menschenliebe (1775–1778) - van Sertima, Ivan (1992). The Golden Age of the Moor. Transaction Publishers. p. 17. ISBN 1-56000-581-5. - Karl Sudhoff (1926). “Essays in the History of Medicine”: 67, 87, 104. - Boeree, C. George. "Early Medicine and Physiology". Besoek op 21 February 2013. - Kagan, Jerome (1998). Galen's Prophecy: Temperament In Human Nature. New York: Basic Books. ISBN 0-465-08405-2. - Osborn L. Ac., David K. "INHERENT TEMPERAMENT". Besoek op 21 February 2013. - http://sun2.science.wayne.edu/~tpartrid/Manuscripts/HEETemperament1.25.02.doc - Lutz, Peter L. (2002). The Rise of Experimental Biology: An Illustrated History. Humana Press. p. 60. ISBN 0-89603-835-1. - Nicholas Culpeper (1653) An Astrologo-Physical Discourse of the Human Virtues in the Body of Man, transcribed and annotated by Deborah Houlding. - Nicholas Culpeper, Semeiotica Urania, or Astrological Judgement of Diseases. - Greenbaum, Dorian Gieseler (2005). Temperament: Astrology's Forgotten Key. Wessex Astrologer. pp. 42, 91. ISBN 1-902405-17-X. - (1988) “Metaphorical equivalence of elements and temperaments: Empirical studies of Bachelard's theory of imagination”. Journal of Personality and Social Psychology 55 (5): 836. doi:10.1037/0022-35126.96.36.1996. - Lundin, Robert W. (1989). Alfred-Adler's Basic Concepts and Implications. Taylor and Francis. p. 54. ISBN 0-915202-83-2. - Lievegoed, Bernard. Man on the Threshold. Hawthorn Press. pp. 80–81. ISBN 0-9507062-6-4. - Childs, Gilbert (2009). Understand Your Temperament. Rudolf Steiner Press. ISBN 978-1-85584-025-6. - Eysenck, Hans Jürgen (1967). The biological basis of personality. Thomas. pp. 35,39. - Steiner, Rudolf (2008). The Four Temperaments. Rudolf Steiner Press. ISBN 978-1-85584-205-2. - LaHaye, Tim (1966). The Spirit Controlled Temperament. Tyndale Publishing. - LaHaye, Tim (1984). Your Temperament: Discover Its Potential. Tyndale Publishing. ISBN 0-8423-6220-7. - LaHaye, Tim. Why You Act the Way You Do. Tyndale Publishing. ISBN 0-8423-8212-7. - Zola, Preface to Thérèse Raquin. Verdere leesstof[wysig | wysig bron] - Arikha, Noga (2007). Passions and Tempers: A History of the Humours - Helminen, Päivi (1999). Discovering Our Potential: An Introduction to Character Types - Rudolf Steiner (1909). The Four Temperaments Eksterne skakels[wysig | wysig bron] - Four Temperaments Test, personality test. - In Our Time (BBC Radio 4) episode on the four humours in MP3 format, 45 minutes - John T. Cocoris, Psy.D. Description of the 4 Primary Temperaments at fourtemperament.com - Descriptions of The Temperament Blends
<urn:uuid:2c8be06b-1105-45c2-846c-e17fc5be242b>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Vier_temperamente
2019-07-20T05:36:47Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526446.61/warc/CC-MAIN-20190720045157-20190720071157-00386.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999595
false
Maak hoofkeuseskerm oop Soek Wysigings ← Ouer wysiging Nuwer wysiging → 1923 (wysig) Wysiging soos op 00:53, 21 Februarie 2013 79 grepe bygevoeg , 6 jaar gelede k →Geboortes * [[7 Augustus]] - [[Willem Barnard]], [[Springbokke|Springbokrugbyspeler]] († 2012). * [[4 September]] - [[Gideon Joubert]], 'n [[Suid-Afrika]]anse verslaggewer en skrywer († 2010). * [[20 Oktober]] - [[Otfried Preussler]], Duitse kinderboekskrywer († 2013). * [[30 November]] - [[Emgee Pretorius]], Afrikaanse akteur. * [[10 Desember]] - [[Jorge Semprún]], [[Spanje|Spaanse]] skrywer († [[2011]]). Voyageur Administrateurs 95 804 wysigings Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/1097790 "
<urn:uuid:84d5e9f3-21e0-4ba8-b59f-470c4b4a2e1b>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/1097790
2019-07-21T11:03:12Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00546.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.993293
false
Timboektoe Kaart | Wapen | Vlag | | Land | Mali | Koördinate | | Stigting | 5de eeu v.C. | Oppervlakte: | | - Totaal | 147,9 vk km | Hoogte bo seevlak | 261 m | Bevolking: | | - Totaal (2009) | 54 453 | - Bevolkingsdigtheid | 368,2 vk/km | Tydsone | UTC +01:00 | Burgemeester | M. Ousmane Halle | Timboektoe (Arabies: تمبكتو, Berber: ⵜⵉⵏⴱⵓⴽⵜⵓ, Frans: Tombouctou) is 'n antieke oasestad in Noord-Mali langs die Nigerrivier. Die stad het 'n bevolking van 54 453 in 2009 gehad.[1] Vanaf 6 April 2012 tot 14 Februarie 2013 is dit as hoofstad van die voormalige omstrede gebied Azawad opgeëis. Timboektoe is in 1988 as Unesco-wêrelderfenisgebied gelys. VerwysingsWysig - ( ) Resultats Provisoires RGPH 2009 (Région de Tombouctou), République de Mali: Institut National de la Statistique, http://instat.gov.ml/documentation/tombouctou.pdf
<urn:uuid:7a87b321-ce06-4d77-b8ed-e2230cd400b3>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Timboektoe
2019-07-21T10:45:15Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00546.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.889886
false
787 Jump to navigation Jump to search 787 | ◄ | 7de eeu | ◄8ste eeu► | 9de eeu | ► | Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal | Sien ook: Kategorie:787 | Kalenders | | Hertog Arichis II van Benevento. | | Die jaar 787 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 87ste jaar van die 8ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. Gebeure[wysig | wysig bron] - Bisdom van Lichfield in Engeland word verhef tot aartsbisdom. - 24 September – Die Tweede Konsilie van Nicea vind plaas. - 3 Oktober – Tassilo III van Beiere lê die eed van trou af aan Karel die Grote en Beiere verloor so sy onafhanklikheid. Geboortes[wysig | wysig bron] Sterftes[wysig | wysig bron] Verwysings[wysig | wysig bron] - "Introduction to Astronomy, Containing the Eight Divided Books of Abu Ma'shar Abalachus". World Digital Library. 1506. Besoek op 2013-07-15.
<urn:uuid:2bfa4f23-d4c0-466b-83e7-d1e35d84e1e7>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/787
2019-07-21T11:55:15Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00546.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999754
false