text
string
id
string
dump
string
url
string
date
string
file_path
string
license_abbr
string
license_version
string
license_location
string
license_in_head
bool
license_in_footer
bool
potential_licenses
dict
license_parse_error
bool
license_disagreement
bool
language_script
string
language
string
language_score
float64
found_in_fw
bool
Hulp Kategorie:Teheran in Wikipedia, die vrye ensiklopedie Jump to navigation Jump to search Wikimedia Commons bevat media in verband met Tehran . Bladsye in kategorie "Teheran" Die volgende 5 bladsye is in hierdie kategorie, uit 'n totaal van 5. Teheran A Mahmoud Ahmadinejad M Milad-toring N Niavaran-paleiskompleks P Praalgraf van Ajatolla Khomeini Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Kategorie:Teheran&oldid=1195163 " Kategorie : Nedersettings in Iran Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Kategorie Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Ander projekte Wikimedia Commons Druk/eksporteer Skep boek Laai af as PDF Drukbare weergawe Gereedskap Skakels hierheen Verwante veranderings Spesiale bladsye Permanente skakel Bladinligting Wikidata-item Ander tale العربية مصرى Azərbaycanca تۆرکجه Башҡортса Беларуская Български বাংলা Bosanski Català کوردی Čeština Cymraeg Dansk Deutsch Zazaki English Esperanto Español Eesti Euskara فارسی Suomi Français Frysk עברית Hrvatski Magyar Հայերեն Ilokano Italiano 日本語 ქართული Қазақша 한국어 Latina Олык марий Македонски Монгол मराठी Nederlands Norsk Polski Português Română Русский Scots Srpskohrvatski / српскохрватски Simple English Slovenčina Shqip Српски / srpski Svenska Kiswahili Türkmençe Türkçe Українська اردو Tiếng Việt Winaray 中文 Wysig skakels Die bladsy is laas op 9 Augustus 2013 om 13:05 bygewerk. Die teks is beskikbaar onder die lisensie Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel . Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting. Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:4990830d-1a1f-451e-87d3-52366a50577a>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Teheran
2019-07-21T11:38:12Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00546.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.984328
false
16 Januarie datum << | Januarie 2019 | >> | |||| So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa | 1 | 2 | 3 | 4 | 5 | || 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | || Al die dae | Inhoud GebeureWysig - 1239 – Gui Faucoi (later Pous Clemens IV) trou met Margueritte, dogter van Jacques en Cécile du Sault. - 1495 – Pous Alexander VI stel Guillaume Briçonnet, biskop van Sint Malo, Frankryk aan as kardinaal. - 1547 – Iwan die Verskriklike word gekroon tot tsaar van Rusland. - 1605 – Boek Een van Don Quixote, El ingenioso hidalgo Don Quixote de la Mancha, deur Miguel de Cervantes word vir die eerste keer in Madrid, Spanje, uitgegee. - 1673 – Pous Clemens X stel Felice Rospigliosi aan as kardinaal. - 1917 – Eerste Wêreldoorlog: Die Zimmermann-telegram word gestuur. - 1971 – Die eerste Kaap na Rio-seiljagwedvaart begin in Tafelbaai. - 1989 – Die ANC-lede Ebrahim Ebrahim en Mandla Maseko word gevonnis op aanklag van hoogverraad. - 2006 – Ellen Johnson-Sirleaf word ingehuldig as president van Liberië. GeboortesWysig SterftesWysig - 309 – Pous Marcellus I, 30ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend). - 1891 – Léo Delibes, Franse komponis (* 1836). - 1919 – Alexander Bernewitz, Duits-Baltiese protestantse martelaar (* 1856). - 1942 – Sir James Rose-Innes, 'n Hoofregter van die Republiek van Suid-Afrika (* 1855). - 1957 – Alexander Cambridge, Britse politikus, 16de Goewerneur-generaal van Kanada (1940–1946) en vierde Goewerneur-generaal van Suid-Afrika (1924–1930) (* 1874). - 1981 – Shingwedzi, groottandolifant wat in die Krugerwildtuin geleef het (* 1934). - 2017 – Eugene Cernan, Amerikaanse ruimtevaarder (* 1934). Vakansie-, vierings- en waarnemingsdaeWysig - Feesdag van Pous Marcellus I in die Rooms-Katolieke Kerk. Wikimedia Commons bevat media in verband met 16 January. |
<urn:uuid:61e60ba2-f169-4470-bd83-9468dc5b6c72>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/16_Januarie
2019-07-22T18:15:11Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528208.76/warc/CC-MAIN-20190722180254-20190722202254-00146.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.994523
false
Frankiese Ryk Die Frankiese Ryk (Latyn: Francia en later imperium Francorum) was in historiese opsig die belangrikste ryk wat ná die ondergang van die Wes-Romeinse Ryk in die 5de eeu ontstaan het en die Wes- en Sentraal-Europese geskiedenis tussen die 5de en 9de eeu oorheers het. Die etnies-kulturele basis daarvan was oorspronklik Wes-Germaanse volke uit die tyd van die Volksverhuising, veral 'n bond van Frankiese stamme, wat reeds sowat eenhonderd jaar voor die begin van die Volksverhuising deur die Romeinse kultuur beïnvloed is. Die Frankiese elite het ná die verowering van Gallië met die plaaslike Galloromeinse adel versmelt en sodoende saam met die destyds invloedryke Rooms-Katolieke Kerk as bewaarder van die kultureel-godsdienstige Romeinse erfenis die magsbasis vir die nuwe Frankiese monargie geskep. Binne drie eeue het die Frankiese Ryk tot 'n Europese groot moondheid ontwikkel wat deur die Merovingiese en Karolingiese dinastieë geregeer is. Die Karolingiese veldheer Karel Martel het in 732 met sy oorwinning in die Slag naby Tours en Poitiers aan die Loire-rivier die uitbreiding van die Islamitiese More na Sentraal-Europa verhinder. Onder Karel die Grote was die Frankiese Ryk op sy hoogtepunt en het sy grootste uitbreiding bereik. Die Frankiese domein is as 'n politieke eenheid regeer wat in verskillende regna (koninkryke of onderkoninkryke) verdeel is; 'n reling wat die geskiedenis nog vir eeue sou oorheers. Die geografie en aantal subkoninkryke het oor die bestaan van die ryk gewissel. Die verdeling van die enorme ryk na die dood van die heerser daarvan het egter nog ingrypender gevolge gehad en die resultate daarvan kan tot vandag toe nog in die geografie van Europa gesien kan word. Die Frankiese Ryk is in 843, na die dood van Lodewyk die Vrome, volgens die Verdrag van Verdun verdeel onder sy drie seuns. Hieruit sou in die weste Frankryk ontstaan en in die ooste die Heilige Romeinse Ryk wat uiteindelik Duitsland sou word. Deels as gevolg van die twee groter ryke, het die Middelryk wat van die Noordsee tot by die Middellandse See gestrek het gesukkel om volledig te ontwikkel. Met die Verdrag van Meerssen van 870 is die Middelryk verdeel onder die Westelike en Oostelike dele. Dit sou egter nooit heeltemal daarby behoort nie en uit die gebied het uiteindelik Nederland, België, Luxemburg, Switserland en Italië ontstaan. Inhoud GeskiedenisWysig Oorsprong van die Frankiese RykWysig Die Romeine was reeds sedert die middel van die eerste millennium v.C. bewus van die bestaan van die Germane. Dit was egter eers in die 3de eeu, toe probleme binne die Romeinse Ryk daartoe gelei het dat troepe aan die grens by die Ryn- en Donou onttrek moes word, wat betekenisvolle interaksie tussen die twee groepe begin plaasvind het.[1] Die vroegste verwysing na die Franke dateer uit die 3de eeu.[2] Die Franke was 'n versameling Germaanse stamme wat net oos van die Benede-Ryn gewoon het.[1] Dit het oënskynlik die Ampsivare, Chasuarii, en Chatii, en moontlik ook die Chamave, ingesluit. Vanaf die 260's het die Franke deelgeneem aan die Barbaarse invalle van Romeinse grondgebied.[3] Die strooptogte het die Franke tot diep in Romeinse grondgebied geneem en van hulle het so ver as die Pireneë gevorder voor Romeinse magte hulle weer oor die Ryn teruggedryf het. Geen groot groepe Franke het hulle op die stadium in die Romeinse Ryk gevestig nie. Individue en kleiner groepe is egter wel in die Ryk toegelaat, hoofsaaklik om die militêre probleme van die Ryk te help verlig. In die 4de eeu het individuele Franke soos Ricimer en Abrogast opgang gemaak in die Romeinse hiërargie.[1][4] Teen die middel van die 4de eeu het betrekkinge tussen die Romeinse Ryk en die Franke gespanne geraak soos al hoe meer Franke hulle op Romeinse grondgebied gevestig het. In 357 het die Saliese Franke daarin geslaag om 'n permanente Frankiese teenwoordigheid binne die Romeinse Ryk te bekom deur 'n verdrag met Julianus Apostata aan te gaan. 'n Frankiese stam het hiermee die eerste Barbare geword om as 'n groep in die Romeinse Ryk toegelaat te word.[4] Volgens die verdrag kon die Saliese Franke hulle as dediticii (belasting betalende landbouers) in die Skeldevallei en tussen die groot riviere, veral in Toxandrië, vestig.[5] Die verdrag het die Franke se teenwoordigheid binne die Romeinse Ryk gewettig. In praktyk was die Romeine egter nouliks in staat daartoe om te bepaal waar die Franke hulle kon vestig. Die Romeine se aandag was gevestig op probleme met die Gote aan die Donou; nog Franke het oor die Ryn migreer en dié wat reeds op Romeinse grond was het wes en effens suid migreer.[4] Romeine en geromaniseerde bewoners het op die vlug geslaan of die hulle onderwerp aan die nuwe Frankiese elite.[verwysing benodig] Ter selfde tyd is die Germaanse Franke ongetwyfeld ook beïnvloed deur die Romeinse kultuur en gebruike.[6] Die Frankiese magsentrum is in die stad Doornik gevestig.[verwysing benodig] Vandaar het hulle spoedig die hele provinsie Germania Inferior (die huidige Nederland benede die riviere, België en die huidige Rynland)[verwysing benodig] beset en die meerderheid in die gebied geword. In ongeveer 428 het die Saliese koning Chlodio, wie se koninkryk Toxandrië ingesluit het en die civitatus Tungrorum (Tongeren) Romeinse gebied binnegeval en sy domein so ver as Camaracum (Kameryk) en die Somme uitgebrei. Die koninkryk van Chlodio het die grense verander en vir altyd nuwe betekenis aan die woord "Francia" verleen. Francia was nie meer barbaricum trans Rhenum (barbare anderkant die Ryn) nie, maar hereboere met politieke mag aan beide kante van die rivier wat nou betrokke was by Romeinse politiek. Chlodio se familie, die Merovinge, het Francia selfs verder suid uitgebrei. As gevolg van druk wat deur die Sakse uitgeoefen is, is die noordoostelike grense van Francia suidweswaarts gedwing wat daartoe gelei het dat meeste van die oorspronklike Franke meer suidwestelike gaan woon het, rofweg tussen die Somme en Munster.[verwysing benodig] Hoewel Sidonius Apollinaris geskryf het dat hy die Franke beveg het en hulle tydelik teruggedryf het (c. 431), het dié periode die begin van 'n situasie aangedui het wat vir baie eeue sou voortduur: die Germaanse Franke het oor 'n al hoe groter aantal of Gallo-Romaanse onderdane geheers. Teen 451 het die Franke saam met ander Germaanse federate (die Boergondiërs en Wesgote) as bondgenote van die Romeine onder Flavius Aëtius gehelp om die Hunne in die Slag van Chalons in die ooste van Frankryk te verslaan. Na die slag het die keiserlike mag in Gallië vinnig begin kwyn met slegs 'n onafhanklike Romeinse eenheid in Soissons naby Letitia (Parys) wat die Franke moes weerstaan.[6] Die Franke se uitbreidingsdrang is vervolgens gerig op die nog welvarende gebied in die suide, en so het die Merovingiese konings geleidelik dele van Gallië tot aan die Seine verower.[verwysing benodig] Die Merowingiese RykWysig Clovis en die Vereniging van die FrankeWysig 'n Honderd jaar na die verdrag met Julianus Apostata was die Franke steeds nie as 'n enkele groep verenig nie en was hulle verdeel in groepe onder verskillende krygsleiers. Geleidelik het twee hoofgroepe egter begin vorm: die Saliese Franke in die weste en die Ripaurariërs verder oos en hoër op teen die Ryn. Groot getalle Franke het ook steeds oos van die Ryn gebly.[6] Chlodio en sy seun Merovech was halflegendariese Konings van die Saliese Franke en min is oor hulle bekend. Wat wel bekend is, is dat Childeric I, moontlik Chlodio se kleinseun, oor 'n Saliese koninkryk uit Doornik as 'n foederatus van die Romeine regeer het. Childeric I was 'n bondgenoot van Aegidius wat oor die oorblywende Romeinse enklave in die noordweste van Gallië, die Domein van Soissons, regeer. Hulle het die Wes-Gote saam in 463 by Orléans verslaan. Na Aegidius se dood in 464 het sy seun, Syagrius hom opgevolg as dux van Soissons, 'n amp wat hy selfs na die val van die Westelike Ryk in 476 instand gehou het.[7] in 481 het Clovis Childeric I opgevolg as koning van die Saliese Franke. Clovis het sy outoriteit oor die ander Frankiese stamme uitgebrei het en hulle territorium suid en wes in Gallië in uitgebrei het. Clovis het hom tot Rooms Katolisisme bekeer wat gehelp het om goeie verhoudinge met die magtige Kerk en sy Gallo-Romaanse onderdane te vestig. In 'n dertigerjare lange bewind (481–511) het hy as die eerste Koning van die nou verenigde Franke die Romeinse generaal Syagrius verslaan om die Romeinse enklave Soissons te oorwin, die Alemanne in die Slag van Tolbiac verslaan in 504 en Frankiese hegemonie oor hulle gevestig. Hy het ook die Wesgote (Vouillé, 507) verslaan en hulle hele koninkryk (behalwe Septimania) met sy hoofstad by Toulouse verower. Volgens Gregorius van Tours het hy ook die Bretons verslaan en hulle vasalle van Francia gemaak.[8] Clovis het meeste of al die naburige Frankiese stamme langs die Ryn oorwin en hulle in sy Koninkryk opgeneem. Hy het ook verskeie Romeinse militêre nedersettings (laeti) wat oor Gallië versprei was verower: die Sakse van Bayeux, die Alane van Armorika, en die Taifale van Poitou om maar net 'n paar van die belangrikes te noem. Teen die einde van sy lewe het hy oor die hele Gallië regeer behalwe die Gotiese provinsie Septimania en die Boergondiese Koninkryk in die suidooste.[verwysing benodig] Die Merowinge was die eerste Frankiese dinastie en het 'n oorerflike monargiestelsel gebruik. Die Frankiese konings het 'n stelsel aangehang waarvolgens hulle gebied onder hulle seuns verdeel is as deel van 'n enkele ryk wat gesamentlik deur verskeie konings regeer is. Gebeur kon daartoe lei dat die onderdele weer verenig is onder 'n enkele koning. Met Clovis se afsterwe in 511 is sy ryk verdeel en toegeken aan sy vier volwasse seuns op so wyse dat elke seun 'n vergelykbare fiskale grondgebied toegeken is. Verdeling van die Ryk onder Clovis se seunsWysig Clovis se seuns het hulle hoofstede naby die Frankiese hartland in noordoostelike Gallië gevestig. Theuderic I se hoofstad was by Reims, Chlodomer s'n by Orléans, Childebert I s'n by Parys, en Chlothar I s'n by Soissons. Tydens hulle heerskappy is die Thuringii (532), Boergondiërs (534), Sakse en Friese (c. 560) in die Frankiese Ryk opgeneem. Die afgeleë trans-Rynse stamme was losweg vebind met Frankiese soewereiniteit, en hoewel hulle gedwing kon word om by te dra tot Frankies militêre pogings, was hulle in tye van swak leierskap onbeheerbaar en geneig om geheel en al onafhanklik op te tree. Die geromaniseerde Boergondiese koninkryk is deur die Franke in stand gehou en as een van die hoofonderverdelings omskep wat 'n deel van die sentrale Galliese gebied van Chlodomerse koninkryk ingesluit het met sy hoofstad by Orléans. Die koningbroers was egter net met tussenposes mekaar goedgesind het gereeld met mekaar gewedywer. Toe Chlodomer vroeg te sterwe kom het sy broer Chlothar sy jong seuns laat vermoor om sy deel van die koninkryk oor te kan neem, wat volgens Frankiese gebruik tussen die oorlewende broers verdeel is. Theuderic is in 534 dood, maar sy volwasse seun Theudebert I was in staat daartoe om sy erflating te verdedig. Dit het die grootste deel van die Frankiese sub-koninkryke gevorm en was die kern waarom die latere koninkryk van Austrasië sou vorm. Theudebert was die eerste Frankiese koning om formeel bande met die Bisantynse Ryk op te sê deur goue munte met sy eie beeld te laat slaan en homself magnus rex (groot koning) te noem gegrond op sy veronderstelde susereiniteit oor volke so ver as Pannonië. Theudebert het tussenbeide getree in die Gotiese oorlog en aan die kant van die Gepids en Lombarde teen die Oosgote geveg wat hom die provinsies Rhaetia, Noricum, en deel van Venetia besorg het. Sy seun en opvolger, Theudebald, was met sy dood nie in staat daartoe om die te behou nie en sy uitgestrekte koninkryk het in Chlothar se hande beland. In 558, met die dood van Childebert, was die hele Frankiese Ryk weer verenig; onder die heerskappy van Chlothar. Verdere Verdeling van die RykWysig In 561 is Chlothar dood en is sy ryk verdeel, amper soos vyftig jaar te vore, weer tussen vier seuns met die hoofstede wat dieselfde gebly het. Sy oudste seun, Charibert I, het die koninkryk met sy hoofstad by Parys geërf en het oor die hele westelike Gallië geheers. Die tweede oudste, Guntram, het die ou Koninkryk van die Boergondiërs geërf, aangevul deur die gebied in sentraal-Frankryk om die ou hoofstad Orléans, wat sy hoofstad geword het, en die meeste van Provence. Die res van Provence, die Auvergne, en oostelike Akwitanië is toegeken aan sy derde seun, Sigebert I, wat ook Austrasië met sy belangrike stede Reims en Metz ingesluit het. Die kleinste koninkryk was die van Soissons, wat aan sy jongste seun, Chilperic I, toegeken is. Die koninkryk wat Chilperic teen sy afsterwe (584) regeer het, het die kern van die latere Neustrië geword. Die tweede viervoudige verdeling is spoedig deur brodermoordoorloë geruïneer, grootliks gevoer oor die moord op Galswintha, Chilperic se vrou, na bewering deur sy minnares (en tweede vrou) Fredegunda. Galswintha se suster, Sigebert se vrou, Brunhilda, het haar man tot oorlog aangehits en die konflik tussen die twee koninginne het verhoudinge tot die volgende eeu aanhou vertroebel. Guntram het probeer om die vrede te bewaar, al het hy twee keer (585 en 589) onsuksesvolle pogings aangewend om Septimania van die Gote te oorwin. Al die oorlewende broers het gebaat by die dood van Charibert, maar Chilperic het daarin geslaag om sy heerskappy in die tydperk uit te brei deur die Bretons weer onder bedwang te bring. Na sy dood moes Guntram die Bretons weer tot gehoorsaamheid dwing. In 587 het die Verdrag van Andelot — waarvan die teks eksplisiet na die hele Frankiese ryk as Francia verwys— tussen Brunhilda en Guntram sy beskerming verseker vir haar jong seun Childebert II, wat Sigebert (575) opgevolg het na 'n sluipmoord aanval op hom. Die gesamentlike grondgebied van Guntram en Childebert was heelwat meer as twee keer so groot as die klein gebied van Chilperic se opvolger, Chlothar II. In die tydperk het Francia 'n drieledige karakter aangeneem, bestaande uit Neustrië, Austrasië, en Boergondië, wat tot 'n sekere mate vir die res van die geskiedenis sou behoue bly. Toe Guntram in 592 dood is het Boergondië in sy geheel na Childebert oorgegaan, maar hy is in 595 oorlede. Sy twee seuns het die koninkryk verdeel met die ouere Theudebert II wat Austrasië plus Childebert se gedeelte van Akwitanië geneem het en sy jonger broer Theuderic II wat Boergondië en Guntram se gedeelte van Akwitanië geërf het. Die twee broers het in 'n verenigde front gepoog om hulle neef Chlothar van mag te onthef en het daarin geslaag om die grootste gedeelte van sy koninkryk te oorwin en hom tot 'n paar stede te beperk. Hulle kon hom egter nooit gevangene neem nie. In 599 het hulle sy magte by Dormelles vernietig en die Dentelin beset, maar hulle het uitgeval en die res van hulle bewind is gekenmerk deur struwelinge wat baie keer aangehits is deur hulle grootmoeder Brunhilda, wat uit woede oor haar verbanning uit Theudebert se hof Theuderic oortuig het om hom te ontsetel en dood te maak. In 612 het hy daarin geslaag en is die hele ryk van sy vader Childebert weer deur een man regeer. Dit was egter kortstondig aangesien hy gesterf het op die vooraand van 'n veldtog teen Chlothar in 613. Opkoms van NeustriëWysig Childebert het 'n jong seun genaam Sigebert II agter gelaat. Tydens hulle bewinde het Theudebert en Theuderic suksesvolle veldtogte in Gaskonje gevoer waar hulle die Hertogdom van Vaskonje gevestig het en die Baske onderwerp het (602). Die oorspronklike Gaskonse oorwinning het grondgebied suid van die Pireneë, naamlik Biscay en Guipúzcoa, ingesluit, die is egter aan die Wesgote afgestaan in 612. Aan die ander uiterste van sy ryk het die Alemanni Theuderic in a rebellie verslaan en het die Franke hulle houvas op die trans-Rynse stamme begin verloor. In 610 het Theudebert die Hertogdom van Elsas van Theuderic afgedwing wat die begin van 'n lang tydperk van konflik oor watter koninkryk die Elsas, Boergondië of Austrasië streek sou besit ingelui het, wat eers in die laat 7de eeu beëindig is. Tydens die kort periode van die nog nie mondige Sigebert II se bewind, het die kantoor van die maiores domus (hofmeier), wat reeds vir geruime tyd betrokke was by die koninkryke van die Franke, na vore getree in die interne politiek van die Ryk. 'n Faksie adellikes het om Warnachar, Rado, en Pepin van Landen verenig om die koninkryk aan Chlothar oor te gee om Brunhilda, die jong koning se regent, uit die weg te ruim. Warnachar self was reeds die hofmeier van Austrasië, terwyl Rado en Pepin meierampte toegeken is na Chlothar se stryd om die bewind suksesvol was en Brunhilda en die toe tien jaar oue koning vermoor is. Onmiddellik na sy oorwinning het Chlothar II die Edik van Parys (614) uitgevaardig. Die Edik het gestreef om geregtigheid te waarborg en om korrupsie in die regering stop te sit. Dit het ook die streeksverskille tussen die drie koninkryke van Francia verskans. Teen 623 het die Austrasiërs oproepe om 'n eie koning begin maakaangesien Chlothar so gereeld van sy koninkryk afwesig was, en omdat hy as gevolg van sy opvoeding en vorige heerskappy in die Seinebekken so te sê 'n buitestaander was. Chlothar het dus toegelaat dat sy seun Dagobert I hulle koning word wat na behore deur die Austrasiese soldate as sodanig aanvaar en ingelyf is. Dagobert het ware outoriteit in sy koninkryk uitgeoefn, maar Chlothar het nogtans die finale sê gehad in die hele Frankiese Ryk. Tydens die gesamentlike bewind van Chlothar en Dagobert, wat soms "die laaste heersende Merowinge" genoem is, het die Sakse, wat reeds sedert die laat 550's losweg aan Francia verbind was onder Hertog Berthoald gerebelleer. Hulle is egter verslaan en in die koninkryk heropgeneem deur 'n gesamentlike aksie van vader en seun. Toe Chlothar in 628 dood is, het Dagobert, in gevolge sy vader se wense, 'n sub-koninkryk aan sy jonger broer Charibert II toegestaan. Die sub-koninkryk, wat algemeen as Akwitanië bekend gestaan het, was 'n nuwe skepping. Dit het ooreengekom met die suidelike helfte van die ou Romeinse Akwitaniprovinsie en die hoofstad daarvan was Toulouse. Ander stede in sy koninkryk was Cahors, Agen, Perigueux, Bordeaux, en Saintes; die Hertogdom van Vaskonje was ook deel van die toekenning. Charibert het 'n suksesvolle veldtog teen die Baske uitgevoer, maar hulle het weer gerebelleer na sy dood in 632. Ter selfde tyd het die Bretons teen Frankiese susereiniteit in opstand gekom. Die Bretonse leier, Judicael ap Hoel, het ingegee en vrede gesluit met die Franke en hulle skatpligtigheid nagekom toe Dagobert gedreig het om 'n leër teen hulle te lei in 635. Daardie selfde jaar het leër gestuur om die Baske suksesvol te onderwerp. Intussen het Dagobert Charibert se jong kind opvolger Chilperic laat teregstel en hele Frankiese Ryk in 632 weer verenig. Hy is egter wel deur die magtige Austrasiese aristokrasie gedwing om sy eie suen Sigebert III aan hulle toe te ken as 'n onderkoning in 633. Die optrede is grootliks ontketen deur die Austrasiërs se strewe om selfregering op 'n stadium toe Neustriane die koninklike hof oorheers het. Chlothar was reeds vir dekades die koning by Parys voor hy ook die koning by Metz geword het. Die Merowingiese monargie was na hom vir altyd in die eerste plek 'n Neustriese monargie.[9] Die Austrasiërs is reeds sedert die tyd van Gregorius van Tours as 'n aparte volk gesien. Dagobert het al die volke aan die verre oosterse grens van die Ryk, soos die Sakse, Alemane en Thuringiërs, onderhorig tot die hof van Neustrië gemaak en nie die van Austrasië nie. Dit het die Austrasiërs aangespoor om hulle eie kon ing te versoek uit hulle eie koninklike huis. Die jong Sigebert is voor hy mondig geword het oorheers deur die meier Grimoald I, wat die kinderlose koning oortuig het om sy eie Merowingies-genaamde seun Childebert as sy seun en erfgenaam aan te neem. Na Dagobert se dood in 639 het die Hertog van Thuringië, Radulf, gerebelleer en gepoog om homself koning te maak. Hy het Sigebert verslaan in wat 'n ernstige terugslag vir die heersende dinastie was (640). Die koning het die ondersteuning van baie magnate verloor terwyl hy aan die veldtog deel geneem het en die swak toestand van die monargiese instellings was teen hierdie tyd duidelik. Clovis II, Dagobert se opvolger in Neustrië en Boergondië, wat daarna verbind was maar apart regeer is, was nie mondig nie vir omtrent sy hele bewind. Hy is deur sy moder Nanthild en die meier van die Neustrië paleis, Erchinoald, gedomineer. Erchinoald se opvolger Ebroin, her die koninkryk vir die volgende vyftien jaar van byna volgehoue burgeroorlog oorheers. Met sy dood in 656 is Sigbert se seun na Ierland verskeep terwyl Grimoald se seun Childebert in Austrasië regeer het. Ebroin het uiteindelik die hele Frankiese Ryk vir Clovis se opvolger Chlothar III verenig deur Grimoald dood te maak en Childebert in 661 af te set. Die Austrasiërs het egter weer op hulle eie koning aangedring en Chlothar het sy jonger broer Childeric II geïnstalleer. Tydens Chlothar se bewind het die Franke 'n aanval op noordwes Italië uitgevoer, maar is deur die Lombardiese koning Grimoald naby Rivoli afgeweer. Hofmeier leierskap onder PepynWysig In 673 is Chlothar III dood en het van die Neustriese en Boergondiese magnate Childeric genooi om koning van die hele Ryk te word. Hy het egter gou sommige van die Neustriese magnate ontstel en is in 'n sluipmoordaanval vermoor (675). Die bewind van Theuderic III sou die einde van die Merowingiese dinastie se mag beteken. Hy was ten volle Neustries in sy uitkyk op die lewe en in bondgenootskap met sy meier Berthar het hy oorlog gevoer teen Austrasië wat Dagobert II, Sigebert III se seun, as koning geïnstalleer het (kortliks in opposisie tot Clovis III). In 687 is hy verslaan deur Pepyn van Herstal, die Arnulfing meier van Austrasië, wat die ware mag in die koninkryk gehou het, by die Slag van Tertry en is gedwing om Pepin as enigste meier en dux et princeps Francorum (Hertog en Prins van die Franke) te aanvaar; 'n titel wat vir die outeur van Liber Historiae Francorum, die begin van Pepyn se "bewind" aandui. Daarna het die Merovingiese monarge volgens rekords wat behoue gebly het slegs sporadies enige aktiwiteite onderneem wat nie bloot simbolies was nie en wat uit hulle eie wil gemotiveerd was. In die periode van verwarring in die 670's en 680's is pogings aangewend om Frankiese soewereiniteit oor die Friese te hervestig; dit was egter te vergeefs. In 689 het Pepin egter 'n groot oorwinningsveldtog in Wes-Friesland (Frisia Citerior) van stapel gestuur en die Fries koning Radbod naby Dorestad, 'n belangrike handelsentrum, verslaan. Al die grondgebied tussen die Skelde en die Vlie is in Francië opgeneem. Daarna het Pepin in c. 690 Sentraal-Friesland aangeval en Utrecht oorwin. In 695 kon Pepyn selfs die stigting van die Aartsbisdom van Utrecht ondersteun en daarmee die bekering van die Friese tot Christenskap onder Willibrord inisieer. Oos-Friesland (Frisia Ulterior) het egter buite Frankiese soesereiniteit gebly. Na sy sukses oor die Friese, het Pepyn hom op die Alemanne toegespits. In 709 het hy 'n oorlog teen Willehari, Hertog van die Ortenau, begin; waarskynlik as 'n poging om die opvolging van die jongs seuns van die gestorwe Gotfrid op die hertoglike troon te bewerkstellig. Die inmenging van buite het tot nog 'n oorlog in 712 gelei en die Alemanne is vir 'n tydlank tot Frankiese heerskappy teruggewen. In suidelike Gallië, wat nie onder Arnulfing invloed was nie, het die streke van die koninklike hof begin weg beweeg onder leiers soos Savaric van Auxerre, Antenor van Provence, en Odo van Akwitanië. Die bewindskappe van Clovis IV en Childebert III van 691 tot 711 het al die kenmerke van rois fainéants (doen niks konings) gehad. Childebert is wel betrap dat hy koninklike uitsprake in weerwil van die belange van sy veronderstelde meesters, die Arnulfinge, gemaak het. Die bewind van Karel MartelWysig Toe Pepyn in 714 dood is, is die Frankiese Ryk in burgeroorlog gedompel en het die hertoë van die afgeleë provinsies de facto onafhanklik geword. Pepyn se aangestelde opvolger, Theudoald, onder sy weduwee, Plectrude, was aanvanklik gekant teen 'n poging deur die koning, Dagobert III, om Ragenfrid as meier van die paleis in al die ryke aan te stel. Daar was egter gou 'n derde kandidaat vir die meierskap van Austrasië in die vorm van Pepyn se onegte volwasse seun, Karel Martel. Na die oorwinnings oor Plectrude en Theudoald deur die koning (nou Chilperic II) en Ragenfrid, het Karel vir 'n kort tydjie sy eie koning, Chlothar IV, in opposisie tot Chilperic, daargestel. Uiteindelik het Karel sy mededingers by 'n slag naby Soisson verslaan. Karel het sy mededingers oortuigend geklop en hulle op die vlug laat slaan. Hy het die koning later terug aanvaar op voorwaarde dat hy sy vader se posisies terugkry (718). Daar was hierna nie weer 'n aktiewe Merowingiese koning nie en Karel en sy Karolingiese erfgename het oor die Franke geheers. Na 718 het Karel Martel 'n reeks oorloë geloods wat daarop gemik was om die Franke se hegemonie in westelike Europa te vestig. In 718 het hy die opstandige Sakse verslaan, in 719 het hy Wes-Friesland oorrompel, in 723 het hy die Sakse weer onder bedwang gebring, en in 724 het hy Ragenfrid en die rebelse Neustriërs verslaan om 'n einde te bring aan die burgeroorlogfase van sy bewind. In 720, toe Chilperic II dood is, het hy Theuderic IV as koning aangestel, maar dit was die laaste koning van hom was 'n blote marjonet. In 724 het hy sy keuse van Hugbert vir die hertoglike opvolging in Beiere afgedwing en die Alemanne gedwing om hom te help met veldtogte in Beiere (725 en 726), waar wette in Theuderic se naam uitgevaardig is. In 730 moes Alemannië met die swaard onderwerp word en is die gebied se hertog, Lantfrid doodgemaak. In 734 het Karel teen Oos-Friesland geveg en het hy die gebied uiteindelik onderwerp. In die 730's het die Moorse veroweraars van Spanje, wat ook Septimanië onderwerp het, noordwaarts in sentraal Francië in en die Loirevallei begin opmars. Op daardie stadium (circa 736) het Maurontus, die dux van Provence, 'n beroep op die Arabiere gemaak om hom te ondersteun om die uitbreidingsdrang van die Franke te stuit. Karel het egter die Rhonevallei ingeval met die hulp van sy broer Childebrand en 'n Lombardiese leër. Dit was die bondgenootskap teen die Arabiere wat Karel verhoed het om Pous Gregorius III teen die Lombarde te ondersteun. In 732 of 737 het Karel teen 'n Arabierse leër tussen Poitiers en Tours opgemars en dit verslaan in 'n deurslaggewende slag wat die golf van Arabiese uitbreiding noord van die Pireneë gedraai het. Kort voor sy dood in October 741 het Karel sy ryk onder sy twee seuns en vrou verdeel asof hy die koning was; in die proses het hy sy jonger seun Grifo gemarginaliseer deur die toekenning van slegs 'n klein stuk grond. Alhoewel daar sedert Theuderic se dood in 737 geen koning was nie, was Karel se seuns Pepyn die Korte en Karloman steeds slegs meiers van die paleise. Die Karolinge het die koninklike status en praktyk, dog nie die titel, van die Merowinge aangeneem. Die verdeling van die koninkryk het Austrasië, Alemannië, en Thuringië aan Karloman besorg en Neustrië, Provence, en Boergondië aan Pepin. Dit was aanduidend van die de facto outonomie van die hertogdomme van Akwitanië (onder Hunoald) en Beiere (onder Odilo) wat nie ingesluit is in die verdeling van die regnum nie. Die einde van die Merowingiese Dinastie en HofmeierleierskapWysig Ná Karel Martel begrawe is, in die Abdy van Saint-Denis langs die Merowingiese konings, het konflik tussen Pepyn en Karloman aan die een kant en Grifo, hulle jonger broer, aan die anderkant uitgebars. Alhoewel Karloman Grifo gevang en in die tronk gestop het, het vyandskap tussen die ouers broers moontlik daartoe gelei dat Pepyn Grifo vrygelaat het terwyl Karloman op 'n pelgrimsreis na Rome onderweg was. Moontlik in 'n poging om sy broer se ambisies te neutraliseer het Karloman die aanstelling van 'n nuwe koning, Childeric III, uit 'n klooster, geïnisieer in 743. In 743 het Pepyn teen Odilo oorlog gevoer en hom gedwing om Frankiese soesereiniteit te aanvaar. Karloman het ook teen die Sakse geveg en saam het die twee 'n rebellie gelei deur Hunoald aan die hoof van die Baske en 'n ander gelei deur die Alemanne onderdruk. In 746 was die Frankiese leërs stil terwyl Karloman hom voorberei het om uit die politiek te tree en die klooster by Monte Soratte te gaan woon. Pepyn se posisie is verder gestabiliseer en die weg is gebaan vir sy troonbestyging in 751. Karolingiese RykWysig Pous Sagarias sou Merowingers die finale nekslag toedien toe hy verklaar het "dat dit wenslik sou wees dat dié wat hoogste outoriteit het as koning benoem sou word". In November 751 het die magnate van die Ryk Pepyn as koning verkies. Pepyn het hiermee die eerste Karolingiese koning van die Franke geword en die laaste Merovingiese koning Childeric III is afgeset en saam met sy seun Theuderik V in die klooster van Saint-Bertin gevang gehou waar hy enkele jare later gesterf het. Pepyn het as 'n verkose koning regeer. Alhoewel verkiesings seldsaam was, was Germaanse konings volgens tradisie en volgens die Germaanse wet van die ondersteuning van hulle hoofmanne afhanklik. Hierdie hoofmanne het dan ook die reg behou om 'n nuwe koning te kies indien hulle ontevrede met die huidige een was. Terwyl die koningskap in die latere Frankryk oorerflik geword het, was die konings van die Heilige Romeinse Ryk nooit daartoe in staat om hierdie gebruik af te skaf nie, en was hulle tot aan die einde van die ryk in 1806 verkose konings gewees. VerwysingsWysig - Katherine Fischer Drew, The Laws of the Salian Franks, p3 - Volgens die Engelse Wikipedia artikel is die woord Francia in die Panegyrici Latini in die begin van die 3de eeu gebruik -- die artikel verskaf egter nie 'n bestaan eksterne bron vir die bewering nie - Ian Wood, Defining the Franks in From Roman Provinces to Medieval Kingdoms, saamgestel deur Thomas F. X. Noble, p113 - Katherine Fischer Drew, The Laws of the Salian Franks, p4 - C. R. Whittaker, Rome and Its Frontiers: The Dynamics of Empire, p58 - Katherine Fischer Drew, The Laws of the Salian Franks, p5 - The History Files, Domain of Soissons AD 461 – 486 - Gregorius van Tours verskaf belangrike inligting oor die politiek van die sesde eeu en die gebeure wat dit voorafgegaan het. Daar moet egter in ag geneem word dat hy van die standpunt as 'n biskop in die Katolieke Kerk geskryf het met 'n besliste vooroordeel ten gunste van die instansie. Hy was ook 'n lid van die Gallo-Romaanse aristokrasie en was dus moontlike bevooroordeeld teenoor die Franke. Van sy gegewe is definitief onakkuraat en sy verslae oor gebeure baie keer verdraai. Hy is egter in baie gevalle die enigste bron vir gebeure in die tydperk; wat dit moeilik maak om die feite te verifieer. Sien meer in Emily Wilson se The rise of the Carolingians or the decline of the Merovingians? - It is in the 640s that "Neustria" first appears in writing, its late appearance relative to "Austrasia" probably due to the fact that Neustrians (who formed the bulk of the authors of the time) called their region simply "Francia". Burgundia too defined itself in opposition to Neustria at about this time.
<urn:uuid:7adfb0ef-79b7-4892-82a7-e2f77c4f2445>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Frankiese_Ryk
2019-07-22T19:05:23Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528208.76/warc/CC-MAIN-20190722180254-20190722202254-00146.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
1.000002
false
Vlugbal Vlugbal (Engels: Volleyball) is 'n balsport waar die speelveld verdeel is in twee gelyke helftes en deur 'n net geskei is. Die spanne, wat elk uit 6 spelers bestaan, probeer die bal so slaan (of tik) dat dit op die teenoorgestelde helfte sal land. Die span wat eerste die afgespreekte aantal punte behaal (gewoonlik 25) wen die stel. Die span wat eerste die afgespreekte aantal stelle (meestal 3) wen, wen dan die wedstryd. Inhoud GeskiedenisWysig Oorsprong van vlugbalWysig Op 9 Februarie 1895, in Holyoke, Massachusetts (VSA), het William G. Morgan, 'n onderwyser in liggaamlike opvoeding by die YMCA, 'n nuwe spel genaamd Mintonette ontwikkel as tydverdryf wat verkieslik binnenshuis gespeel moet word met enige hoeveelheid spelers. Die spel het verskeie eienskappe van tennis en handbal aangeneem. 'n Ander binnenshuise sportsoort (nl. basketbal) het ook begin opgang maak en is vier jaar van tevore slegs 16 kilometer daarvandaan, in Springfield, Massachusetts ontwikkel. Mintonette is ontwikkel om 'n binnenshuise sportsoort te wees wat minder rof as basketbal was, gemik op ouer spelers van die YMCA, maar wat steeds 'n mate van fiksheid verg. Die eerste reëls, wat deur William Morgan neergeskryf is, het bepaal dat 'n net van 1.98 m (6'6") hoog, 'n baan van 7.6×15.2 m (25×57 vt) en enige getal spelers nodig is. 'n Wedstryd is saamgestel uit nege rondte met drie diensbeurte vir elke span gedurende elke rondtes en geen beperking op die hoeveelheid kere wat 'n bal geraak mag word voordat dit na die opponerende span gespeel word nie. In die geval van 'n foutiewe afslaan, is 'n tweede probeerslag toegestaan. Deur die bal in die net vas te slaan is as 'n fout geag (met die verlies van een punt) — behalwe in die geval van 'n eerste afslaan. Nadat Alfred Halstead, 'n toeskouer, die aard van die spel opgemerk het (al die vlughoue wat gespeel is) tydens die eerste vertoonwedstryd in 1896 by die Internasionale YMCA Opleidingskool (nou die Springfield-kollege), het die spel gou begin bekendstaan as vlugbal. Vlugbalreëls is effens aangepas deur die Internasionale YMCA Opleidingskool en die spel het vinnig deur Amerika versprei na verskillende takke van die YMCA.[1][2] Verfynings en latere ontwikkelingsWysig Die eerste amptelike bal wat in vlugbal gebruik is word betwis: sommige bronne meen dit was 'n bal wat in 1896 deur Spalding gemaak is terwyl ander voorhou dat dit in 1900 gemaak is.[3][4][5] Die reëls het gaandeweg verander; teen 1916 is die vaardigheid en krag van die opstel en torpedeer (spike) aan die spel bekendgestel in die Filippyne en drie jaar later is die reëls van drie houe aan 'n kant en afslaan van agter vasgestel. In 1917 is die spel verander van 21 na 15 punte. In 1919 is ongeveer 16,000 vlugballe deur die Amerikaanse Ekspedisiemag na hul troepe en geallieerdes versprei. Dit het gelei tot die groei van die spel in nuwe lande.[3] Die eerste land buite die Verenigde State wat vlugbal aangeneem het, was Kanada in 1900.[3] 'n Internasionale federasie, die Fédération Internationale de Volleyball (FIVB) is in 1947 gestig, en die eerste wêreldkampioenskap vir mans is in 1949 gehou en vir dames in 1952.[6] Die sportsoort was nou gewild in Brasilië, in Europa (waar veral Italië, Nederland en lande van Oos-Europa sterk mededingers was sedert die laat 1980's), in Rusland, China en die res van Asië.[1][2][6] Strandvlugbal, 'n variasie van die sport wat op sand gespeel word met slegs twee spelers per span, word sedert 1987 deur die FIVB ondersteun en is by die talle sportsoorte vir die Olimpiese Somerspele 1996 gelys.[3][6] Vlugbal is ook 'n sportsoort by die Paralimpiese Spele en word bestuur deur die Wêreldorganisasie Vlugbal vir Gestremdes. Vlugbal by die Olimpiese SpeleWysig Die geskiedenis van Olimpiese vlugbal kan teruggetrek word na die Olimpiese Somerspele 1924 waar vlugbal as deel van die Amerikaanse sporttentoonstellingsgebeurtenis.[7] Na die stigting van die FIVB en party kontinentale konfederasies, is vlugbal begin oorweeg vir insluiting. In 1957 is 'n spesiale toernooi gehou by die 53ste IOK-sitting in Sofia, Bulgarye om die versoek te ondersteun. Die kompetisie was 'n sukses en die sportsoort is amptelik by die program vir die Olimpiese Somerspele 1964 ingesluit.[3] Die Olimpiese vlugbaltoernooi was aanvanklik 'n eenvoudige kompetisie: elke span het teen al die ander spanne gespeel en is gegradeer volgens seges, stel gemiddeldes en puntgemiddeld. Een nadeel van hierdie rondomtaliestelsel is dat medaljewenners bepaal kon word voor die einde van die toernooi, wat tot gevolg gehad het dat die laaste wedstryde min toeskouers gelok het. Om die situasie te hanteer, is die kompetisie in twee fases gedeel met die toevoeging van 'n "finale ronde" uitskakelingstoernooi met kwarteindwedstryde, halfeindwedstryde en eindwedstryde vir die Olimpiese Somerspele 1972. Die hoeveelheid spanne wat betrokke was by die Olimpiese toernooi het sedert 1964 stelselmatig toegeneem. Sedert 1996 was daar vir die mans- en damestoernooie twaalf deelnemende spanne. Elk van die vyf kontinentale vlugbalkonfederasies het ten minste een geaffilieerde nasionale federasie wat by die Olimpiese Spele betrokke is. Reëls van die spelWysig Die baanWysig Die spel word gespeel op 'n vlugbalbaan van 18 meter (59 voet) lank en 9 meter (29.5 voet) wyd, verdeel in 9 m × 9 m helftes deur 'n net van 1 meter (40 duim) wyd wat op so 'n manier gespan word dat die bokant van die net 2.43 meter (7 voet 11 5/8 duim) bo die middel van die baan is vir 'n manswedstryd en 2.24 meter (7 voet 4 1/8 duim) vir 'n vrouewedstryd (hierdie hoogtes wissel na gelang van die ouderdom van die spelers). Daar loop 'n lyn 3 meter van die net af, parallel met die net, in elke helfte van die baan wat beskou word as die "aanvalslyn". Hierdie "3 meter" (10 voet) lyn verdeel die baan in die "agterry-" en "voorry-areas" (asook die voorbaan en die agterbaan). Elk hiervan word op sy beurt in drie areas verdeel: dit word soos volg genommer en area "1" is die posisie van die speler wat moet afslaan: Nadat 'n span die diensbeurt gewen het moet die lede van daardie span roteer in 'n kloksgewyse rigting met die speler wat in area "2" was wat na area "1" beweeg, ens., en die speler wat in area "1" was wat na area "6" beweeg. Die baan word omring deur 'n area genaamd die vrye area wat 'n minimum van 3 meter wyd is en wat die spelers mag betree wanneer die bal afgeslaan is.[8] Alle lyne wat die grense van die baan en die aanvalslyn aandui word geteken of geverf binne die dimensies van die area en maak daarom deel uit van die speelgebied. Indien 'n bal in aanraking kom met die lyn, word die bal as "in" beskou. 'n Antenne word geplaas op elke kant van die net, loodreg met die kantlyn, en is 'n vertikale verlenging van die kantlyn van die baan. 'n Bal wat oor die net gaan moet in sy geheel tussen die antennes (of hul teoretiese verlenging tot by die plafon) sonder om aan die antennes te raak. Die balWysig FIVB-regulasies stel dit dat die bal 'n sfeer moet wees wat van sintetiese leer gemaak is met 'n omtrek van 65–67 cm, 'n massa van 260–280 g en 'n binnedruk van 0.30–0.325 kg/cm2.[9] Ander regulerende liggame het soortgelyke regulasies. Die spelWysig Elke span bestaan uit ses spelers. Om die spel onderweg te kry word 'n muntstuk opgeskiet om te bepaal wie afslaan. 'n Speler van die span wat afslaan gooi die bal in die lug en probeer om die bal op so 'n wyse te slaan dat dit bo-oor die net gaan en dat dit binne die speelarea van die opponente sal land. Die teenstanders moet nou 'n kombinasie van houe wat nie meer as drie is nie, die bal oor die net terug slaan na die span wat die bal afgeslaan het. Hierdie houe bestaan eerstens uit die blok of aangee sodat die bal se trajek gemik is na die opsteller; tweedens kom die opstel (gewoonlik 'n oorhandse aangee waar die gewrigte gebruik word om die bal na die vingerpunte te stoot) vanaf die opsteller sodat die trajek van die bal gemik is na 'n plek waar een van die spelers, wat aangewys is as 'n aanvaller, die bal kan slaan; en derdens word die bal deur die aanvaller gespeel met 'n torpedo hou (die speler spring in die lug en slaan die bal dan so hard as moontlik af sodat die opponente nie tyd het om dit terug te speel nie) terug na die opponente. Die span wat verdedig probeer keer dat die aanvaller die bal in hulle helfte speel: spelers by die net spring in die lug op in 'n poging om die bal van die aanvaller te blokkeer. Indien die bal om, oor of deur die blokkade gespeel word, probeer die ander spelers in die helfte die bal beheer deur 'n delfhou te speel (gewoonlik 'n voorarmaangee of 'n handgedrewe bal). Na 'n suksesvolle delf begin die span met 'n aanval. Die wedstryd duur op hierdie manier voort totdat die bal binne die baan op die grond val of totdat 'n fout begaan is. Die mees algemene foute wat gemaak word is wanneer 'n span nie daarin slaag om die bal terug te speel na die opponente binne die toegelate drie houe nie, of die bal buite die speelveld laat land. 'n Bal word as "in" beskou indien enige deel daarvan binne die kantlyn of agteruitlyn land. 'n Harde torpedohou kan die bal soveel afdruk wanneer dit land, dat wanneer dit lyk of die bal uit is, dit eintlik in is. Spelers mag buite die baan wees om 'n bal te speel wat in die lug oor die kant- of agteruitlyn gegaan het. Ander algemene foute sluit in dat 'n bal twee keer direk na mekaar deur dieselfde speler aangeraak word, 'n speler wat die bal vang, 'n speler wat aan die net raak terwyl 'n poging aangewend word om die bal te speel of 'n speler wat onderdeur die net in die opponente se helfte beweeg. Daar is talle ander foute wat in die reëls gespesifiseer word, maar hulle kom nie baie algemeen voor nie. Dit sluit in dat 'n agterry- of liberospeler 'n torpedohou speel of 'n bal blokeer (agterryspelers mag slegs 'n torpedohou speel indien hulle van agter af in die aanvalslyn inspring), spelers wat nie in die korrekte posisie is wanneer die bal afgeslaan word nie, die afslaan van die voorry af terug te speel, gebruik maak van 'n ander speler om die bal te bereik, oor die agterlyn trap wanneer afgeslaan word, langer as 8 sekondes neem om af te slaan,[10] of deur die bal te speel terwyl dit in die opponente se helfte van die baan is. Aanteken van punteWysig Wanneer die bal met die vloer in aanraking kom binne die baan word dit as 'n fout beskou. 'n Punt word toegeken aan die span wat nie die fout begaan het nie, of hulle die afslaan waargeneem het of nie. Die span wat die punt gewen het kry die afslaan vir die volgende punt. Indien die span wat die punt gewen het afgeslaan het, slaan dieselfde speler weer af. Indien die span wat die punt gewen het nie afgeslaan het nie, moet die spelers van die span in 'n kloksgewyse rigting roteer. Die spel gaan voort en die eerste span wat 25 punte het (en met twee punte voorloop) wen die stel. Wedstryde bestaan uit die beste uit vyf stelle en die vyfde stel (indien nodig) word gewoonlik tot by 15 punte gespeel. (Die aanteken van punte verskil tussen ligas, toernooie en vlakke; sommige toernooie speel die beste uit drie tot by 25 en ander speel die beste uit vyf tot by 25.)[11] Voor 1999 kon punte slegs aangeteken word wanneer die span die afslaan gewen het (m.a.w. 'n span moet eers die afslaan wen voordat 'n punt aangeteken kon word) en alle stelle is gespeel tot by 15 punte. Die FIVB het in 1999 die reëls verander (dit is afgedwing in 2000) om die huidige puntestelsel te gebruik, hoofsaaklik om die lengte van 'n wedstryd meer voorspelbaar te maak en om die spel meer toeskouer- en televisie-vriendelik te maak. LiberospelerWysig In 1998 is die liberospeler internasionaal bekendgestel. Die term beteken "vry" in Italiaans.[12] Die liberospeler spesialiseer in verdedigingsvaardighede: die liberospeler moet 'n kontrasterende kleur trui dra as dié van sy span, die liberospeler mag nie die bal blokkeer en ook nie die bal aanval wanneer dit bo die hoogte van die net is nie. Wanneer die bal buite spel is kan die liberospeler enige agterspeler vervang sonder enige vooraf kennisname van die skeidsregters. Hierdie plaasvervanging tel nie teen die beperking wat elke span op plaasvervangings tydens 'n wedstryd het nie. Wanneer 'n liberospeler egter vervang word mag hy slegs vervang word deur die speler wat hy vervang het. Die liberospeler kan ook as opsteller speel onder sekere beperkings. Indien hy 'n oorhandse opstel maak, moet hy nie agter (of op) die 3 meter lyn staan nie; andersinds mag die bal nie aangeval word bo die net voor die 3 meter lyn nie. 'n Onderhandse aangee word op enige plek van die baan toegelaat. Die liberospeler is gewoonlik die mees vaardige verdedigingspeler in die span. Die skeidsregters moet wel rekening hou met wie deur die liberospeler vervang word. Alhoewel slegs een libero per stel toegelaat word, kan daar 'n verskillende liberospeler aan die begin van elke stel wees. 'n Liberospeler mag nie afslaan nie, met die uitsondering van die NCAA vrouevlugbalwedstryde, waar 'n reëlverandering in 2004 'n liberospeler toegelaat het om te mag dien, maar slegs in 'n spesifieke rotasie. Dit wil sê dat die liberospeler slegs mag afslaan in die plek van die persoon wat hy vervang het. Onlangse reëlveranderingsWysig Ander veranderings in die reëls in 2000 het ingesluit dat afslane geldig is wanneer dit die net raak maar steeds oorgaan in die helfte van die opponent. Die afslaangebied is vergroot om spelers toe te laat om van buite die speelveld maar steeds binne die teoretiese vergroting van die kantlyn te speel. Ander veranderinge is gemaak om sagter te wees op foute soos 'n dubbele aanraking of die dra van die bal. In 2008 het die NCAA die minimum hoeveelheid punte verander wat nodig is vir 'n oorwinning van 30 na 25 vir vrouevlugbal (dié vir mans het 30 gebly). Indien 'n vyfde (beslissende) stel bereik is, het die minimumtelling op 15 gebly. Daar word ook gepraat van "stel" in plaas van "pot".[11] Veranderinge in reëls is die afgelope jare deur die FIVB bestudeer en die nuutste stel reëls is in 2009 bekendgestel.[13] Sien ookWysig VerwysingsWysig - ( ) "Die verhaal van Vlugbal". Fédération Internationale de Volleyball (FIVB). Besoek op 21 September 2007. - ( ) "Hoe vlugbal ontstaan het". Northern California Volleyball Association. Besoek op 21 September 2007. - ( ) "Geskiedenis van vlugbal". Volleyball World Wide. Besoek op 21 September 2007. - ( ) "Geskiedenis van vlugbal". SportsKnowHow.com. Besoek op 21 September 2007. - ( ) "Geskiedenis van vlugbal". volleyball.com. Besoek op 21 September 2007. - ( ) "FIVB-geskiedenis". Fédération Internationale de Volleyball. Besoek op 21 September 2007. - ( ) "Chronologiese hoogtepunte". FIVB. Besoek op 30 Januarie 2007. 1924: The Olympic Games in Paris. The programme included a demonstration of "American" sports, and Volleyball was among these. - ( "Section 1.1". ) Amptelike Vlugbalreëls 2005 (PDF). FIVB. 2005. Besoek op 2 Oktober 2006. Die speelarea is […] omring deur 'n vrye area wat 'n minimum van 3 meter wyd is aan alle kante. - ( "Section 3.1". ) Amptelike Vlugbalreëls 2005 (PDF). FIVB. 2005. Besoek op 2 Oktober 2006. STANDAARDE Die bal sal 'n sfeer wees … - ( "Section 12.4.4". ) Amptelike Vlugbalreëls 2005 (PDF). FIVB. 2005. Besoek op 12 September 2006. Die afslaner moet die bal binne agt sekondes speel nadat die skeidsregter se fluitjie geblaas is vir die afslaan. - ( ) "2008 Groot Reëlveranderingsvoorstelle" (PDF). ncaa.org. National Collegiate Athletic Association. 14 Julie 2008. Besoek op 10 Desember 2008. - ( Pettit, Terry; Potts, Kerri (28 Februarie 2002). ) "Reëlveranderings vir die 2002-seisoen". NCAA Women's Volleyball Rules Committee. Besoek op 12 Januarie 2007. Die NCAA Vrouevlugbal Reëlskomitee […] het verskeie reëlveranderings goedgekeur vir die 2002 vrouevlugbalseisoen waaronder dié van die liberospeler - ( ) "FIVB Amptelike reëls 2009". FIVB. 2009. Eksterne skakelsWysig Olimpiese somersporte | ||| ---|---|---|---| Somerspele: Atletiek · Basketbal · Boks · Boogskiet · Driekamp · Fietsry (Bergfietsry · BMX · Bergfietsry · Pad) · Gewigoptel · Gholf · Gimnastiek (Artistiek · Ritmies · Trampolien) · Handbal · Judo · Kanovaart (Slalom · Snel) · Moderne vyfkamp · Ruitersport (Dressuur · Driefasekompetisie · Spring) · Pluimbal · Roei · Seiljagwedvaart · Sewesrugby · Skermsport · Skyfskiet · Sokker · Stoei (Grieks-Romeins · Vrystyl) · Taekwondo · Tafeltennis · Tennis · Veldhokkie · Vlugbal (Strandvlugbal) · Watersport (Gesinchroniseerde swem · Sierduik · Swem · Waterpolo) |
<urn:uuid:0baafc8f-1b9d-4714-8604-aeb93b8af07f>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Vlugbal
2019-07-22T19:17:57Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528208.76/warc/CC-MAIN-20190722180254-20190722202254-00146.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999993
false
Original Research The structured-objective rorschach test (sort) occupational profile for state accountants Submitted: 23 June 1996 | Published: 23 June 1996 About the author(s) J. J. Gouws,R. Van Eeeden, University of South Africa, South Africa Full Text: PDF (3MB)Abstract Opsomming Die doel van hierdie studie was die daarstelling van 'n beroepsprofiel van staatsrekenmeesters se prestasie op die Gestruktureerd-Objektiewe Rorschachtoets (SORT) wat vir voorligting/ keuring en plasing van personeel gebruik kan word. Die steekproef is saamgestel uit rekenmeesters en ouditeure van die finansiele afdelings in verskeie staatsinstansies wat geselekteer is vir die Senior Finansiele Bestuurskursus by die Universiteit van Stellenbosch. Aangesien alle deelnemers as suksesvol in hulle beroep beskou is en geen beduidende verskille in die profiele van verskillende ouderdomsgroepe en jaargroepe gevind is nie, kan die SORT profiel van die totale groep as 'n voorspeller gebruik word vir die bepaling en evaluering van die persoonlikheidseienskappe wat belangrik is in die beroep van staatsrekenmeester. Keywords Metrics Total abstract views: 2549Total article views: 2747
<urn:uuid:f2b5de91-3a47-4db6-b2a3-ddf6b8dbf5c9>
CC-MAIN-2019-30
https://sajip.co.za/index.php/sajip/article/view/605
2019-07-17T18:49:59Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525374.43/warc/CC-MAIN-20190717181736-20190717203736-00090.warc.gz
by
4.0
a_tag
false
true
{ "abbr": [ "by", "by" ], "in_footer": [ true, false ], "in_head": [ false, false ], "location": [ "a_tag", "a_tag" ], "version": [ "4.0", "4.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.996046
false
Asteroïdegordel Die Asteroïdegordel is die gebied van die sonnestelsel wat rofweg tussen die wentelbane van Mars en Jupiter geleë is. Dit word beset deur verskeie onreëlmatig gevormde liggame wat asteroïdes genoem word. Die Asteroïdegordel word ook die Hoof-asteroïdegordel genoem, aangesien daar ander asteroïdes is soos dié naby aan die Aarde en die trojaan-asteroïdes. Die gordel bevat onder meer die dwergplaneet Ceres en die asteroïdes Vesta, Pallas en Higeia, wat saam sowat die helfte van die massa van die gordel beslaan. Van die kleiner asteroïdes is die grootte van ’n stofdeeltjie. Die asteroïdes is so yl versprei dat verskeie onbemande ruimtetuie al daardeur gestuur is. Tog bots van die groot asteroïdes teen mekaar en dan kan ’n asteroïdefamilie gevorm word waarvan die lede dieselfde wentelbaaneienskappe en samestelling het. Botsings kan ook ’n fyn stof tot gevolg hê wat ’n groot deel uitmaak van die diereriemlig. Eksterne skakelsWysig - Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Asteroïdegordel. - Asteroid Discovery from 1980 to 2010 - Asteroids Page at NASA's Solar System Exploration Die Sonnestelsel | ---| Son • Mercurius • Venus • Aarde • Mars • Ceres • Jupiter • Saturnus • Uranus • Neptunus • Pluto • Haumea • Makemake • Eris | Mane: Aarde • Mars • Asteroïdies • Jupiter • Saturnus • Uranus • Neptunus • Pluto • Haumea • Eris • Ringe: Jupiter • Saturnus • Uranus • Neptunus | Planete • Dwergplanete • Kleinplanete Meteoroïdes • Asteroïdes • Asteroïdegordel • Sentoure • Trans-Neptunus-voorwerpe • Kuipergordel • Verstrooide skyf • Komete • Hillswolk • Oortwolk |
<urn:uuid:df3c2b5f-28d3-4dda-aed6-107516e66b66>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Astero%C3%AFdegordel
2019-07-18T23:39:33Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525863.49/warc/CC-MAIN-20190718231656-20190719013656-00250.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999278
false
Vuurstorm ’n Vuurstorm is ’n verwoestende brand wat so ’n hoë intensiteit bereik dat dit sy eie windstelsel opbou. Dit kom meestal in natuurlike brande voor. Hoewel die term soms gebruik word om sekere groot brande te beskryf, is die verskynsel se bepalende eienskap dat dit sy eie stormsterk winde uit alle rigtings het.[1][2] Die Swart Saterdag-brande in die Australiese deelstaat Victoria in Februarie 2009 en die Groot Peshtigo-brand in Peshtigo, in die Amerikaanse deelstaat Wisconsin in Oktober 1871 is voorbeelde van brande met die een of ander vorm van ontbranding weens ’n vuurstorm. WerkingWysig ’n Vuurstorm ontstaan wanneer die hitte van die oorspronklike brand al hoe meer van die omringende lug intrek. Die stygstroom, ’n kolom stygende warm gas, neem ’n sampioenvorm aan en sterk rukwinde vorm óm die brand wat na binne gerig is. Dié winde voed die brand met bykomende lug. Omdat die rukwinde na binne gerig is, keer dit dikwels dat die brand oor ’n baie groot gebied versprei,[3] maar dit kan ook gebeur dat die geweldige ontbranding die rukwinde rond en bont van rigting laat verander. Die geweldige hitte van ’n vuurstorm kan ook vlambare materiaal in die omtrek laat vlamvat[4] of insuig, en die brand só laat versprei. VerwysingsWysig - Alexander Mckee's Dresden 1945: The Devil's Tinderbox - Problems Of Fire In Nuclear Warfare (1961) A fire storm is characterized by strong to gale force winds blowing toward the fire everywhere around the fire perimeter and results from the rising column of hot gases over an intense, mass fire drawing in the cool air from the periphery. These winds blow the fire brands into the burning area and tend to cool the unignited fuel outside so that ignition by radiated heat is more difficult, thus limiting fire spread. - Glasstone, Samuel; Dolan, Philip J., eds. (1977), ""Chapter VII — Thermal Radiation and Its Effects", The Effects of Nuclear Weapons (3de uitg. ed.), Amerikaanse regering, pp. 229, 200, § "Mass Fires" ¶ 7.58, http://www.fourmilab.ch/etexts/www/effects/eonw_7.pdf#zoom=100 - http://unintentional-irony.blogspot.no/2007/08/firestorms.html Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
<urn:uuid:0482aacb-1fe7-44c3-947d-e254c0013885>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Vuurstorm
2019-07-18T23:29:14Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525863.49/warc/CC-MAIN-20190718231656-20190719013656-00250.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.997672
false
Indiese Grand Prix Die Indiese Grand Prix was 'n Formule Een-kampioenskapswedren[1] wat drie keer by die Buddh Internasionale Renbaan in Indië 2011-2013 aangebied is. Die ren kom nie meer op die Formule Eenkalender voor nie, weens 'n belastingdispuut wat die FIA met die staat Uttar Pradesh van Indië het.[2] Vorige wenners[wysig | wysig bron] Al drie die Indiese Grands Prix is by die Buddh-baan gehou. Jaar | Renjaer | Vervaardiger | ---|---|---| Vind sedert 2014 nie meer plaas nie | || 2013 | Sebastian Vettel | Red Bull-Renault | 2012 | Sebastian Vettel | Red Bull-Renault | 2011 | Sebastian Vettel | Red Bull-Renault | Galery[wysig | wysig bron] Verwysings[wysig | wysig bron] - "Formula 1 – The Official F1 Website". Formula1.com. 8 September 2010. Besoek op 12 Maart 2011. - http://www.hindustantimes.com/sports-news/othersports/ecclestone-dashes-hopes-of-indian-grand-prix-s-return-in-2015/article1-1254688.aspx
<urn:uuid:e7cb0074-b745-446b-b204-eac6274f02ce>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Indiese_Grand_Prix
2019-07-21T13:35:13Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527000.10/warc/CC-MAIN-20190721123414-20190721145414-00010.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.992859
false
Jurgens Lambrechts Jurgens Lambrechts is gebore op 17 September 1932 en is op 29 Augustus 2005 oorlede. Hy was bekend vir sy deelname aan radio-vasvraprogramme en in 1979 was hy die wenner van die Flinkdink TV-vasvrareeks.[1] Wat minder bekend is, is dat hy in die laat 1950's gestudeer het vir predikant van die Afrikaanse Baptistekerk. Rondom 1960 was hy dan ook in die bediening in die Afrikaanse Baptistekerk se gemeente te Cornelia in die Vrystaat. Na sowat 'n jaar in die bediening daar, het daar onenigheid tussen hom en die kerkraad ontstaan. Wat die rede vir hierdie onenigheid was, het nooit bekend geword nie, en hy is hierna weg uit die gemeente. Dis onbekend of hy self bedank het, of deur die gemeente gevra is om te gaan. Hy het daarna die bediening en die Afrikaanse Baptistekerk verlaat.
<urn:uuid:f93d22ee-9b1f-4276-8e48-d3df9abd4043>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Jurgens_Lambrechts
2019-07-21T13:11:14Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527000.10/warc/CC-MAIN-20190721123414-20190721145414-00010.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99995
false
Kategorie:Wêrelderfenisgebiede volgens lande Jump to navigation Jump to search Wikimedia Commons bevat media in verband met World Heritage Sites by country. | Subkategorieë Hierdie kategorie bevat die volgende 40 subkategorië, uit 'n totaal van 40. A - - - B - - - F - G - I - - - - - J - L - M - - - O - R - S - - - - V - Z -
<urn:uuid:9052d391-1e4d-4eaa-a5d2-6ceb5e3a9161>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:W%C3%AArelderfenisgebiede_volgens_lande
2019-07-21T13:17:28Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527000.10/warc/CC-MAIN-20190721123414-20190721145414-00010.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.971047
false
Hulp Bladsye wat na "Pretoria" skakel ← Pretoria Jump to navigation Jump to search Skakels hierheen Bladsy: Naamruimte: alle (Hoof) Bespreking Gebruiker Gebruikerbespreking Wikipedia Wikipediabespreking Lêer Lêerbespreking MediaWiki MediaWikibespreking Sjabloon Sjabloonbespreking Hulp Hulpbespreking Kategorie Kategoriebespreking Portaal Portaalbespreking Module Module talk Gadget Gadget talk Gadget definition Gadget definition talk Omgekeerde seleksie Filters Versteek insluitings | Versteek skakels | Versteek aansture Die volgende bladsye skakel na Pretoria : Wys (vorige 50 | volgende 50 ) ( 20 50 100 250 500 ). Afrika ( ← skakels wysig ) Argitektuur ( ← skakels wysig ) Bloemfontein ( ← skakels wysig ) Breyten Breytenbach ( ← skakels wysig ) Curriebeker ( ← skakels wysig ) Durban ( ← skakels wysig ) Rolprent ( ← skakels wysig ) Gauteng ( ← skakels wysig ) Johannesburg ( ← skakels wysig ) Kaapstad ( ← skakels wysig ) Mongane Wally Serote ( ← skakels wysig ) Nelspruit ( ← skakels wysig ) Oos-Londen ( ← skakels wysig ) Pietermaritzburg ( ← skakels wysig ) Polokwane ( ← skakels wysig ) Port Elizabeth ( ← skakels wysig ) Suid-Afrika ( ← skakels wysig ) Stad Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit ( ← skakels wysig ) Thabo Mbeki ( ← skakels wysig ) Universiteit van Suid-Afrika ( ← skakels wysig ) Walter Sisulu ( ← skakels wysig ) Welkom ( ← skakels wysig ) Zuid-Afrikaansche Republiek ( ← skakels wysig ) 1964 ( ← skakels wysig ) 1976 ( ← skakels wysig ) 1982 ( ← skakels wysig ) 1983 ( ← skakels wysig ) 1985 ( ← skakels wysig ) 1986 ( ← skakels wysig ) 1990 ( ← skakels wysig ) 1949 ( ← skakels wysig ) 1934 ( ← skakels wysig ) 1914 ( ← skakels wysig ) 1905 ( ← skakels wysig ) 1898 ( ← skakels wysig ) 1886 ( ← skakels wysig ) 1883 ( ← skakels wysig ) 1879 ( ← skakels wysig ) 1855 ( ← skakels wysig ) 1861 ( ← skakels wysig ) 26 November ( ← skakels wysig ) 12 Desember ( ← skakels wysig ) 16 Desember ( ← skakels wysig ) 15 Januarie ( ← skakels wysig ) 17 Januarie ( ← skakels wysig ) 26 Januarie ( ← skakels wysig ) 27 Januarie ( ← skakels wysig ) 1 Februarie ( ← skakels wysig ) 10 Februarie ( ← skakels wysig ) 22 Februarie ( ← skakels wysig ) Wys (vorige 50 | volgende 50 ) ( 20 50 100 250 500 ). Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Pretoria " Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Gereedskap Spesiale bladsye Drukbare weergawe Ander tale Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:faa58865-3c92-4fb7-9c05-4c5c4923efbf>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Pretoria
2019-07-21T13:43:20Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527000.10/warc/CC-MAIN-20190721123414-20190721145414-00010.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999467
false
sy Jump to navigation Jump to search Vedi anche: .sy | Indice sy inv sy (pl.: sye) sy - IPA: /səi/ sy sy - (congiuntivo presente) wees Congiuntivo presente di wees dal protoalbanese * asī, dal protoindoeuropeo * h₃ókʷih₁, duale di * h₃okʷ- sy sy - cucire gr. 3 (sy, sy, syr, sydde, sytt) participio perfetto (sydd, sytt, sydda)
<urn:uuid:3d3c1e97-0d49-43e4-bfc7-eab03b18a93c>
CC-MAIN-2019-30
https://it.wiktionary.org/wiki/sy
2019-07-22T19:11:51Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528208.76/warc/CC-MAIN-20190722180254-20190722202254-00170.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.736956
false
Bespreking:1766 Jump to navigation Jump to search Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die 1766-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. | Artikelriglyne Daaglikse bladtrekke | |
<urn:uuid:6c8318ec-c505-4c04-86c6-b11af8289faf>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:1766
2019-07-17T18:43:25Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525374.43/warc/CC-MAIN-20190717181736-20190717203736-00114.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999994
false
Albanees - Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Albaniërs. Albanees (shqip [ʃcip] of gjuha shqipe [ˈɟuha ˈʃcipɛ]) is 'n Indo-Europese Satəm-taal wat deur sowat 5,4 miljoen mense gepraat word. Albanees is die amptelike taal van Albanië, saam met Serwies van Kosowo en saam met Masedonies van Noord-Masedonië. Dit word ook gepraat in gebiede van die voormalige Joego-Slawië asook in dele van Griekeland, Italië en Turkye. Albanees gjuha shqipe | || ---|---|---| Gepraat in: | Albanië Kosovo Noord-Masedonië Montenegro Italië Serwië Griekeland Turkye | | Gebied: | Suid-Europa | | Totale sprekers: | 5,4 miljoen[1][2][3] | | Rang: | 111 | | Taalfamilie: | Indo-Europees Satəm Albanees | | Skrifstelsel: | Latynse alfabet | | Amptelike status | || Amptelike taal in: | Albanië Kosovo Noord-Masedonië | | Gereguleer deur: | Instituut van Albanië | | Taalkodes | || ISO 639-1: | sq | | ISO 639-2: | alb/sqi | | ISO 639-3: | sqi | | Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. | Albanees is bekend sedert die 15de eeu. Die taal vorm 'n taalgroep op sy eie en dit bestaan uit baie dialekte wat in twee groepe onderverdeel kan word, naamlik Ghegies in die noorde en Toskies in die suide. Kennis van die taal is dus eers laat verkry, en dit is steeds skamel beskryf. Dit is baie sterk deur Latyn, Turks en Grieks beïnvloed sodat die taal sodanig verander het dat dit vandag baie vêr van Proto-Indo-Europees verwyderd is. Albanees word met die Latynse alfabet geskryf. VerwysingsWysig - ( ) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Albanian". Ethnologue. Besoek op 18 Maart 2016. - ( ) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Albanian, Gheg". Ethnologue. Besoek op 18 Maart 2016. - ( ) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Albanian, Tosk". Ethnologue. Besoek op 18 Maart 2016.
<urn:uuid:12524d48-a54b-4499-a430-626f88367ce8>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Albanees
2019-07-18T23:45:57Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525863.49/warc/CC-MAIN-20190718231656-20190719013656-00274.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.9996
false
Langkuifarend Langkuifarend | |||||||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Bewaringstatus | |||||||||||||||| Wetenskaplike klassifikasie | |||||||||||||||| Binomiale naam | |||||||||||||||| Lophaetus occipitalis (Daudin, 1800) | Inhoud IdentifikasieWysig Die Langkuifarend is 'n medium-grootte roofvoël. Hulle is omtrent so groot soos 'n aasvoël, maar het 'n langer stert en lang bene en is ook aansienlik swaarder. Mannetjies weeg tussen 0,9-1,4 kg en wyfies tussen 1,4-1,5 kg. Die liggaamslengte is 50 tot 58 cm. Die vere is oorwegend swart op die kop. Die binneste primêre basisse is wit met donker ringe. In vlug kontrasteer hierdie vere sterk met die andersins swart hoof. Die stert is in hoë kontras lig tot donker geband. Die onderkant van die liggaam en die laer vlerkdekvere is swart, die draai van die vlerk is wit. Die vlugvere is wit aan die onderkant tot ligte grys en donker geband. Die pote is geveer tot by die kloue, soos alle verteenwoordigers van die Accipitridae. Die bek is donkergrys en die kloue is geel. Die iris van die oog is 'n goue-geel tot oranje-bruin of rooibruin. Jong voëls verskil slegs effens van dié gekleurde voëls. Hulle is donker bruin eerder as swart, die onder-vlerkskuilhoeke en die bene is meestal wit met bruin strepe en die stert is baie smaller met minder kontrasband. Habitat en verspreidingWysig Ander nameWysig - Engels: Long-crested Eagle - Wetenskaplike naam: Lophaetus occipitalis
<urn:uuid:f67c7d96-834f-4663-9c1a-d1890cce8af5>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Langkuifarend
2019-07-19T00:07:40Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525863.49/warc/CC-MAIN-20190718231656-20190719013656-00274.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999674
false
Millennium-stadion Die Millennium-stadion (Wallies: Stadiwm y Mileniwm), tans die Prinsdom-stadion (Wallies: Stadiwm Principality) genoem weens borgskapredes, is die nasionale stadion van Wallis. Dit is die tuisveld van die Walliese nasionale rugbyspan en bied ook op ’n gereelde grondslag wedstryde van die Walliese nasionale sokkerspan aan. Dit is aanvanklik gebou om deel te wees van die Rugbywêreldbeker 1999 en het sedertdien talle grootskaalse gebeure gehuisves, waaronder die Tsoenami-verligtingskonsert, die Super Special-fase van die Walliese Veldren Groot-Brittanje, die Speedway Grand Prix van Groot-Brittanje en talle musiekkonserte. Millennium-stadion Stadiwm y Mileniwm | || Die Wes-Stand van die Millennium-stadion Ligging | Westgatestraat, Cardiff, Wallis | | ---|---|---| Koördinate | Koördinate: | | Eienaar | Walliese Rugbyunie | | Operateur | Walliese Rugbyunie | | Kapasiteit | 74 500[1] | | Oppervlak | Gras (1999–2014) Desso (2014–hede)[2] | | Konstruksie | || Gebou | 1997 | | Geopen | 26 Junie 1999[3] | | Boukoste | £121 miljoen | | Argitek | Bligh Lobb Sportargitektuur, WS Atkins[4] | | Huurders | || Walliese Rugbyunie (Nasionale span Voetbalvereniging van Wallis (Nasionale span) | Die Millennium-stadion word besit deur Millennium-stadion plc wat ’n filiaalmaatskappy van die Walliese Rugbyunie (WRU) is.[5] Die stadion is ontwerp deur ’n span wat gelei is deur Bligh Lobb Sportargitektuur wat vroeg in 2009 hernoem is na Populous. WS Atkins was die strukturele ingenieurs en Laing O’Rourke die boukontrakteur. Die totale konstruksiekoste van die stadion was £121 miljoen[6] waarvan die Millennium-kommissie £46 miljoon befonds het.[7] Die stadion is in Junie 1999 geopen[3] en die eerste groot gebeurtenis wat plaasgevind het was ’n internasionale rugbywedstryd op 26 Junie 1999 tussen Wallis en Suid-Afrika in ’n vriendskaplike wedstryd waarin Wallis met 29–19 geseëvier het voor ’n skare van 29 000.[8] Met ’n totale kapasiteit van 74 500 is dit die derde grootste stadion in die Sesnasies-toernooi na Stade de France en Twickenham. Dit is voorts ook die tweede grootste stadion ter wêreld met ’n uitskuifbare dak en dit was die tweede stadion in Europa met hierdie funksie.[9][10] WedstrydeWysig Jaar | Wedstryd | Span | Telling | Span 2 | Toeskouers | ---|---|---|---|---|---| 1999 | Poel D | Wallis | 23–18 | Argentinië | 72 500 | Wallis | 64–15 | Japan | 72 500 | || Wallis | 31–38 | Samoa | 70 849 | || Argentinië | 33–12 | Japan | 36 000 | || Kwarteindstryd 2 | Wallis | 9–24 | Australië | 74 499 | | Derde plek | Suid-Afrika | 22–18 | Nieu-Seeland | 50 000 | | Eindstryd | Australië | 35–12 | Frankryk | 72 500 | | 2007 | Poel B | Wallis | 20–30 | Australië | 71 022 | Fidji | 29–16 | Kanada | 45 000 | || Wallis | 72–18 | Japan | 35 245 | || Kwarteindstryd 2 | Nieu-Seeland | 18–20 | Frankryk | 71 669 | | 2015 | Poel A | Wallis | 54–9 | Uruguay | 71 887 | Australië | 28–13 | Fidji | 67 253 | || Wallis | 23–13 | Fidji | 71 576 | || Poel C | Nieu-Seeland | 43–10 | Georgië | 69 167 | | Poel D | Ierland | 50–7 | Kanada | 68 523 | | Frankryk | 9–24 | Ierland | 72 163 | || Kwarteindstryd 2 | Nieu-Seeland | 62–13 | Frankryk | 71 619 | | Kwarteindstryd 3 | Ierland | 20–43 | Argentinië | 72 316 | VerwysingsWysig - ( ) "Information : About the Venue : Facts & Figures". Millennium Stadium. 12 Mei 2009. Besoek op 17 Julie 2013. - ( ) "End of an era, as Heineken Cup final between Toulon and Saracens marks last game on grass at the Millennium Stadium". Welsh Rugby Union. Besoek op 11 September 2015. - ( ) "Millennium-stadion Inligting". Millennium-stadion. Besoek op 28 Augustus 2008. - ( ) "Om die wow-faktor reg te kry". Federasie van Meesterbouers. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Oktober 2007. Besoek op 28 Augustus 2008. - ( ) "Oor Millennium-stadion plc". Walliese Rugbyunie Beperk. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 September 2008. Besoek op 24 Augustus 2008. - ( ) "Die ekonomiese impak van die Millennium-stadion". Cardiff-stadsraad. Besoek op 7 September 2008. - ( ) "Millennium-projekte open in Wallis en Noord-Ierland". Millennium-kommissie. Besoek op 24 Augustus 2008. - ( ) "Millennium-stadion vier vyfde herdenking". NewsWales. 25 Junie 2004. - ( ) "Feite oor Wallis en die Walliesers (40. Cardiff het die wêreld se grootste uitskuifbare dak)". Britannia.com, LLC. Besoek op 7 September 2008. - ( ) "Oor Millennium-stadion". Millennium-stadion plc. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2007. Besoek op 24 Augustus 2008.
<urn:uuid:2a48e1e4-f13c-4e22-b006-8d03ae1c5e3d>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Millennium-stadion
2019-07-20T05:38:45Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526446.61/warc/CC-MAIN-20190720045157-20190720071157-00434.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999359
false
On-line version ISSN 2224-7912 Print version ISSN 0041-4751 Tydskr. geesteswet. vol.58 n.3 Pretoria Sep. 2018 http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n3a4 NAVORSINGS- EN OORSIGARTIKELS RESEARCH AND REVIEW ARTICLES (1) Moral leadership necessary for reconciliation - applied to the Israel-Palestinian conflict Chris Jones Fakulteit Teologie Universiteit Stellenbosch. E-pos: email@example.com OPSOMMING Hierdie artikel poog om uit te wys dat versoening, veral in konflik-geteisterde gebiede, moeilik is sonder morele leierskap. Morele leierskap moet egter in lyn met sekere biologiese kerndrywers, soos evolusionêr in die mens bepaal, gebring word. Waar dit nie in lyn hiermee is nie, is transformasie op die langtermyn nie werklik moontlik nie. In die lig hiervan word daar stilgestaan by versoening wat onontbeerlik is as ons menslik wil saamleef. Binne hierdie raamwerk van morele leierskap asook versoening word die historiese en eietydse perspektief op die konflik tussen die Israeli's en Palestyne in oënskou geneem en hoe hierdie morele leierskapsmodel, geïntegreerd hiermee, moontlik kan help om, in lyn met internasionale wetgewing en menseregte (alhoewel dit nie bespreek word nie) vrede en versoening in hierdie eeue-oue Midde-Oosterse konflik-geteisterde gebied te bring. Hierdie model word ook baie kortliks met sekere etiese teorieë en beginsels in verband gebring. Trefwoorde: morele leierskap; ingebore drywers van gedrag; kernwaardes; voorspoed; geregtigheid; vertroue; kennis; versoening; nuwe mensheid; Israel-Palestynse konflik; Joodse fundamentalisme; Sionisme; godsdiensinvloed ABSTRACT This article seeks to show that reconciliation, especially in conflict-stricken areas, is very difficult without moral leadership. Moral leadership is meant to bring wholeness and reconciliation and give people a chance to live according to their full potential and rights. It usually brings about deep and lifelong changes, not only to individuals, but also to communities and societies. The presence or absence of true moral leadership is usually inextricably linked to the emotional maturity as well as the discerning ability of leaders and a country's people. It also depends on spiritual maturity, although morality is not primarily determined by this. Moral leadership, however, must be brought in line with certain biological key drivers, as evolutionary determined in human beings. Where this is not in line, long-term transformation, based on prosperity for all, justice, trust and knowledge, is not really possible. In light of this, the focus falls on reconciliation that is indispensable if we want to co-exist humanely. Reconciliation, however, is radical. It creates a new kind of humanity. It involves more than the veiling of evil. It is about addressing injustice. Radical reconciliation means the establishment of real relationships, actually life-long relationships, especially with people who are marginalised, powerless and outraged, and whose dignity you did not previously recognise. It is about confession and forgiveness. It is a call to exchange places with the other Within thisframework, the historical and contemporary perspectives ofthe Israeli-Palestinian conflict are explored, and I try to prove how this moral leadership model, integrated with certain important aspects regarding this conflict, may help bring about peace and reconciliation in this age-old Middle East conflict-torn area, obviously in line with international law and human rights (although not discussed). This model is also very briefly related to certain ethical theories and principles. The article reasons that no conversation about the conflict in Palestine is meaningful without asking among others the following questions: To whom does Palestine really belong? Who has the greatest historical claim on this territory? Why is it so difficult to settle the conflict between Israel and the Palestinians? To better understand the decades of conflict in the Middle East the article helps to try and grasp the historical roots that gave rise to this conflict. In this process, it is also necessary to reconsider many of the accepted dogma about, for example, the Zionist movement and their historical claim on the Palestinian territory. The article indicates how land on which the Palestinians lived for more than 1 000years, was with the emergence of the Israeli state, taken away from them mostly by violence and without their consent. From the beginning it was the Zionist's goal to alienate the non-Jewish Palestinians from their land. Zionism, however, was based on an erroneous colonialist view of the world in which there is no sense for the rights of indigenous people. The refusal to recognize the Palestinian's right to self-determination and an own state, appears to be for many years the main causes of violence and bloodshed in this area. It is not good enough for politicians to just manage this crisis, it has to be solved. Activist's role in this regard, must not be underplayed too. However, this can only be done by moral leadership in accordance with international law and human rights. This is the only way in which sustainable peace will be possible. In this regard, Israel has a lot of work to do. The prospects for peace talks are slim because many UN resolutions, under the diplomatic cloak of the United States, are denied, even rejected. The US supplies provisions of billions of dollars to Israel. This does not even include fighter-planes, technology and weapons. Another last important thought mentioned regarding this conflict has to do with the influence of religion on the current state of affairs. This conflict just shows us how strong age-old (religious) traditions, dividing decisions and discriminatory actions still function in our modern societies. Key words: moral leadership; evolutionary determined key drivers of behaviour; core values; prosperity; justice; trust; knowledge; reconciliation; new humanity; Israel-Palestinian conflict; Jewish fundamentalism; Zionism; religious influence 1. INLEIDENDE OPMERKINGS OOR MORELE LEIERSKAP Leierskap wat nie uit gesonde, morele kernwaardes spruit nie, kan nie werklik tot versoening lei nie. Ware morele leierskap is radikaal; dit kós 'n mens. Dit kan nie deur magsbeheptheid en met mooi woorde as rookskerm om huigelary te verbloem, bepaal word nie. Mense raak agterdogtig oor leierskap wat net gerig is op eie politieke voordeel, sosio-ekonomiese beskerming en nepotisme. Hulle betreur hardvogtige optrede - wat geregverdig word - maar waarvan die wreedaardigheid onbeskryflike gevolge vir die "ander" inhou. Sulke soort leierskap voed normaalweg net die wêreld van die magtiges, want transformerende geregtigheid, wat aanleiding gee tot versoening, lê selde in die hart van hul pogings. Egte, radikale versoening volgens Allan Boesak en Curtiss de Young, word selde in die skadu van die "troon" gevind (Boesak & De Young 2012:4). Morele leierskap is veronderstel om heelheid en versoening te bring en mense 'n kans te gee om volgens hul volle potensiaal en regte te leef. Dit bring normaalweg diep en lewenslange veranderinge nie net by individue nie, maar ook in gemeenskappe en samelewings. Die aan- of afwesigheid van ware morele leierskap is gewoonlik onlosmaaklik verbind met die emosionele volwassenheid asook onderskeidingsvermoë van leiers en 'n land se mense. Dit hang ook saam met spirituele volwassenheid, alhoewel moraliteit nie primêr hierdeur bepaal word nie. Die pad van 'n oordrewe, grypsugtige gees en 'n allesoorheersende narsistiese mentaliteit het die vermoë om die siel van gemeenskappe en 'n nasie uit te droog. Die wêreld sal vinniger op die pad van radikale morele leierskap moet vorder as ons werklik diepgaande versoening, veral in konflik-geteisterde gemeenskappe, wil hê. 'n Mens besef egter die omvang en "koste" van hierdie taak. Daar is niks romanties daaraan om onregverdige, skynheilige, immorele optrede uit te daag nie - om ambisieuse en opportunistiese leiers te konfronteer met die waarheid nie. Morele leierskap is 'n pad waar die binnekring bereid moet wees om van buite te kyk. Dit behoort 'n pad van aanleer én afleer te wees. Dit moet 'n pad wees waar elkeen met hul héle menswees moet kan loop. Morele leierskap waak daarteen dat sekere denke se drakrag oorskat word, want waar dit wel gebeur, kan dit so maklik soos afgode word. En afgode, weet ons, moet eers sterf voor die (W)aarheid werklik omarm kan word. Wanneer feite, soos wat die individu of groep dit ten alle koste wil verstaan, méér waar gemaak word as wat dit is, word hierdie weg uiteindelik 'n skyn-waarheid wat nie die toets van die tyd kan deurstaan nie. In hierdie artikel word 'n baie definitiewe (evolusionêr-bepaalde) morele leierskapsmodel gekies. Alhoewel dit nie spesifiek binne 'n breër oorsig van etiese teorieë en beginsels geplaas en bespreek gaan word nie (vanweë beperkte ruimte), word hier wel kortliks verwys na sekere belangrike aspekte van verskillende breë etiese teorieë en beginsels, wat in hierdie model ingebed lê. So byvoorbeeld word die belangrike deontologiese kenmerk naamlik, dat 'n mens jou plig/verpligtinge teenoor jou naaste of 'n gemeenskap moet nakom, ter wille van etiese korrektheid en integriteit, deeglik gehandhaaf. Dit is egter baie versigtig vir utilitarisme wat leer dat iets eties korrek is as dit bruikbaar is deur en tot voordeel is van die meerderheid. Hierdie model het nie (noodwendig) die meerderheid mense op die oog nie, maar word gerig deur biologiese kerndrywers wat mag beteken dat dit nie n ander keuse het as om in belang van n spesifieke minderheidsgroep op te tree nie. Hierdie model vra deurgaans, ongeag persoonlike gevoelens of die moontlike inperking deur wetgewing soos gedryf deur 'n spesifieke groep of individue, wat billik en regverdig is, en wat jy kan doen om volgens jóú innerlike oortuigings, dapper etiese leierskap te openbaar. Dit is baie sterk in menseregte en bepaalde deugde gegrond. Dit gaan daaroor om die meeste "goed", heilsaamheid en voordeel vir mense te beding, veral daar waar mense benadeel word en dalk in die minderheid is - en waar die goeie verhoed word, te sorg dat die minste skade aan daardie mense berokken word. Dít kan gebeur deur geregtigheid te laat geskied en om mense die reg tot outonomie te gun. In hierdie model, wat homself kies op die spoor van evolusie, word van hierdie geselekteerde etiese beginsels en kenmerke van etiese teorieë verreken, met die uitsluitlike doel om morele leiding te gee, en waar daar byvoorbeeld benadeling en konflik is, oplossings te probeer bewerkstellig. Hier word dus n voorkeurmodel op grond van biologiese kernbeginsels aangebied om onder andere onmin, onreg en konflik aan te spreek. Alhoewel dit as normatief en deduktief ervaar sou kon word, hou dit, soos hierbo aangedui, wel ander etiese besluitnemingstyle, keuses, reëls en modelle in gedagte. Daar word besef dat hierdie model, soos alle ander etiese teorieë, leemtes in sy mondering mag hê, maar dit word aangebied as n morele vertrekpunt en rigtingwyser vir individue en gemeenskappe wat belangrike etiese besluite moet neem. In die volgende afdeling gaan juis stilgestaan word by hoe morele leierskap in die proses van evolusie in die mensspesie Homo sapiens sapiens vasgelê is. Indien leiers hulle doelbewus hieraan steur, mag dit bydra tot versoening tussen groepe.1 2. INGEBORE DRYWERS VAN GEDRAG Miskien is die mees noemenswaardige afleiding rakende menslike gedrag wat voortspruit uit Charles Darwin se wetenskaplike studies, wat meer as 150 jaar gelede gepubliseer is, die idee van die vier ingebore, evolusionêr-bepaalde drywers van gedrag. Mense het ontwikkel om anders as diere te oorleef. As spesie het ons oorleef omdat ons geleer het om in groepe te werk en op probleemoplossingsvaardighede eerder as brute krag, staat te maak. Paul Lawrence, eertydse professor aan die Harvard-sakeskool, reken dat Darwin se insigte oor menslike drywers rakende gedrag oor baie jare heen grootliks geïgnoreer is. Hy en Nitin Nohria stel in Driven: How human nature shapes our choices (2002), 'n teorie van menslike gedrag voor wat gebaseer is op n "renewed Darwinism" en vier sleutel-drywers (Lawrence 2017), wat ook deur Marc Hauser in sy boek Moral Minds (2006), verduidelik word. Hulle skryf dat alle diere op grond van twee belangrike, ingebore drywers oorleef. Dit het te doen met (1) die verkryging van hulpbronne en 'n nageslag, en (2) om hulself en hul grondgebied (eiendom) te beskerm. Die mens het deur middel van evolusie twee bykomende drywers ontwikkel, wat ook in sekere ander soogdiere na vore kom, maar soveel sterker in die mens manifesteer, naamlik (3) die drywer om met vertroue langtermyn-verhoudings te vestig en daarin te belê, en (4) die drywer om te kan verstaan - om te leer, te skep, kreatief te wees, en 'n breër begrip van sake te ontwikkel. Mense weeg en balanseer botsende eise en belange, terwyl hulle op die menslike brein se merkwaardige potensiaal hiervoor staatmaak; die brein wat in staat is tot goeie, morele leierskap, maar, helaas, ook tot slegte, verkeerde, misleidende en bose optrede (Lawrence 2017). 2.1 Kernwaardes Lawrence sluit aan by Marc Hauser (2006), wat in sy genoemde boek Moral minds nadink oor hoe gedrag lyk wat hierdie drywers of basiese natuurwetmatighede, nie net in 'n mens se eie lewe nie, maar ook in die lewe van ander mense versterk en bevorder. Volgens Lawrence hou goeie leiers al vier hierdie geëvolueerde drywers in n dinamiese balans. Hierdie vier drywers, asook die spesifieke gedrag wat dit moet versterk, wanneer uitgedruk as selfstandige naamwoorde eerder as werkwoorde - lewer vier uiters belangrike kernwaardes op, naamlik voorspoed/florering, geregtigheid, vertroue, en kennis (Lawrence 2017). 2.1.1Voorspoed Hierdie kernwaarde korrespondeer met die drywer rakende die verkryging van hulpbronne. Dit poog om, sover moontlik, álle mense se vermoë om die nodige hulpbronne te bekom, te verbeter. Dit fokus nie net op eie voorspoed nie. Dit vra eerlik waarop ander mense geregtig is, en bevorder dit tot elke prys, al ontlok dit wrewel en woede. Dít vra natuurlik selfbeheersing en selfopoffering, eenvoud en tevredenheid. Dit is 'n uitdaging om nié deel te word van die heersende neiging tot opeis, hebsug en magsug nie. Dít word moontlik deur ander mense aktief te help om te floreer en hulle 'n kans op 'n goeie of beter lewe te gee. Daar moet egter gewaak word teen "vals vrygewigheid" om gewetes te sus (Boesak & De Young 2012:146-147). 2.1.2Geregtigheid Dít korrespondeer met die drywer van beskerming. Hiervoor is moed en dapperheid nodig. Geregtigheid hou die ander veilig, beskerm hul naam, identiteit, idees en oortuigings, bewaar hul integriteit, hul geliefdes en eiendom - nie net die eie nie. Dit sluit kwesbare kinders in wat soms blootgestel en uitgelewer word aan destruktiewe planne en vernietigende besluite van volwassenes. Waar geregtigheid nagestreef word, word daar nie net 'n sluier oor onreg getrek nie - en onreg word nié in die magtiges se belang geprioritiseer nie. Versoening kan nooit by neutraliteit begin nie. Dit begin deur volledig aan die kant van geregtigheid te gaan staan - veral by diep gewondes en geviktimiseerdes (Boesak & De Young 2012:101-102). Versoening moet gebaseer wees op die verwydering van ongeregtigheid - op persoonlike en sistemiese vlak. 2.1.3Vertroue Vertroue het goeie en langtermynverhoudings of sosiale kohesie in die oog. Hiervoor is eerlikheid, integriteit, asook die bevordering en bou van vrede nodig. Die Britse historikus Anthony Seldon sê in hierdie verband: "we believe that trust is innate, and that we flourish in a trusting world. Performing trustful acts makes us feel happy: there is a natural compulsion to give and receive trust, and to be honest" (Seldon 2009:25). 2.1.4Kennis Kundigheid en inligting is in hierdie opsig ontsettend belangrik. Dit vereis om leerbaar, kreatief en innoverend te bly sin maak van die wêreld en die mens se plek daarin. Alhoewel Stamos (2008:9-10) oordeel dat spesialisasie in enige veld of situasie uiters belangrik is, oordeel hy ook dat interdissiplinêre studie met 'n oop gemoed uiters noodsaaklik is om die wêreld en hoe dit werk, (beter) te verstaan. As 'n mens werklik deur 'n ondersoekende gees en 'n dors na inligting en kennis vervul en gedryf word, kan baie moontlikhede ontkiem. Alhoewel rasionaliteit 'n belangrike rol in hierdie opsig speel, word inligting ook oorgedra deur storievertelling, narratiewe en verskillende interseksionele ontmoetings met mense. Stories is kragtig - soos ook deur kinders vertel - en kan mense uit hul gemaksones verskuif. Dit kan dominante magte en kragte verander. Dit kan betekenisvol en doelgerig wees asook verskillende menings effektief oordra. Oorheersende stories kan egter ook grense skep en ander nodige inligting blokkeer. Die dominante verhaal of storie is nie die enigste nie. Daar is ook ander stories wat gehoor moet word vir nuwe, maksimale insigte en om te kan transformeer. Kennis en inligting (goed nagevors en getoets) weet hoe noodsaaklik dit is om te alle tye met integriteit die waarheid te praat. Dit weerhou nie, maar openbaar; dit bespot nie, maar respekteer; dit intimideer nie, maar inspireer; dit manipuleer nie, maar motiveer. Hoe groter die eiland van kennis, hoe langer die kuslyn van respek, vertroue en bewondering. Die beste morele leiers gee aan ál vier hierdie kernwaardes gelyktydig aandag, sodat daar vir die meeste mense gepaste voordeel kan wees. Hulle weeg en balanseer dit, veral as daar konflik is (Lawrence 2017). As leiers vir soveel as moontlik mense voorspoed begeer en onderhandel, maksimum geregtigheid laat geskied, belê in gesonde, betekenisvolle langtermyn-verhoudings en soveel as moontlik persone blootstel aan kennis, inligting en vaardighede, móét dit lei tot die oorbrugging van groot ongelykhede, asook tot sosiale kohesie en diepgaande versoening. In teenstelling hiermee lê slegte leiers uitermate klem op net enkele van hierdie aspekte (dikwels eie voorspoed en beskerming van net hulself en hul bates) ten koste van die ander en gevolglik ook ten koste van versoening en heling. Volgens Francisco Ayala moet die uitdaging wees om hierdie waardes so goed/effektief as moontlik in lyn met die natuurlike drywers te bring. Waar dit nie in lyn gebring word nie, sal spesifieke waardes, kodes of kultuur op die lang termyn nie oorleef nie (Ayala 2012:174175). Hoe nader hierdie waardes aan die mens se biologiese samestelling kom, hoe groter is die kans op gesonde, versoende gedrag. Iets wat nie daarmee strook nie, kan nie (onbepaald) oorleef nie en bring wrywing en konflik. Ek glo in 'n geïntegreerde teorie van menslike gedrag: n leierskapsteorie wat toetsbaar is en hopelik sal help om sekere gebeure beter te analiseer en uitkomste (goed en nadelig) beter te antisipeer. Waar morele waardes in ooreenstemming is met die mens se biologiese aard, kan realistiese volhoubare nie-diskriminerende veranderinge geskep word. Een verwagting in hierdie verband is dat vrese en wanopvattings onder mense rakende ánder op hierdie wyse oorkom sal kan word; dat mense op vreemde maniere verbaas sal staan; dat hierdie model mense sal help om oor grense heen te dink en 'n innerlike oog sal ontwikkel met betrekking tot die pyn, gebrokenheid en marginalisering van ander om sodoende hoop te bring en die wêreld 'n nuwe manier van mens-wees te wys (Jones 2017). 2.2 Koste vir die afwesigheid van morele leierskap Morele leierskap spruit uit 'n mens se diepste bronne van menswees. Dit is in hierdie dieptes, in die "siel", vanuit die biologiese samestelling van die mens waar kernwaardes hul oorsprong het, van waar dit moeisaam groei, gevorm en gelouter word. Wat benodig word, is rolmodelle, figure wat kernwaardes modelleer. Morele leierskap is 'n baie moeilike pad. Min mense stap dit regtig. Die prys vir die afwesigheid van morele leierskap is egter baie duur. "Bereken ons ooit dié koste? Vir ons ekonomie en politiek, plaaslike bestuur en dienslewering? Vir onderwys en kerk? Firmas en banke? Vir ons kinders, ons toekoms? Wonder ons ooit oor dié koste, dié prys - van ons gebrék aan morele leierskap" vra Dirkie Smit so treffend in een van sy rubrieke (Smit 2013:12). Na hierdie kort bespreking van wat morele leierskap is, en hoe dit in lyn met ons evolusionêre samestelling gebring behoort te word, gaan daar kortliks gekyk word na wat met versoening bedoel word, met die oog op die konflik tussen die Israeli's en Palestyne. Die rede hiervoor is dat n belangrike oogmerk asook gevolg van hierdie morele leierskapmodel juis versoening behoort te wees. 3. VERSOENING 3.1 'n Nuwe mensheid2 Radikale versoening beteken die vestiging van egte verhoudings, eintlik lewenslange verbintenisse met veral mense wat gemarginaliseer, magteloos en verontreg is, en wat mens dalk vroeër nie geduld het nie. Dit gaan oor belydenis en vergifnis. Dit is 'n oproep om plekke met "die ander" te ruil. Vir Brian Bantum lei radikale versoening tot 'n plek where persons can no longer return to their former people for they speak with a new accent, their lives are marked by new rhythms, enemies have become friends, and friends have become enemies ... we become sutured into a new people and become surprised by the people we become in the process. (Bantum 2010:184,192) Versoening lei tot 'n nuwe mensheid. Tydens die versoeningsproses, na die opspraakwekkende Reitz-4 episode op die Kovsie kampus (2008), is daar aan 'n swart manstudent gevra watter oomblik in die versoeningsproses het hom die diepste geraak. Hy sê toe: When Mama Emma Koko [een van die werkers] told the white students 'we forgive you, you are our sons', I really understood the depth and meaning of their forgiveness. As Africans we understand if the mothers claim them as their sons, we cannot refuse them as our brothers. (Boesak & De Young 2012:110-111) Om ons te help met hierdie soort verandering en perspektief, het ons egter profete nodig. Profete vra moeilike vrae en eis eerlike antwoorde ter wille van integriteit en geloofwaardigheid. Die Joodse denker en rabbi, Abraham Heschel, sê profete is some of the most disturbing people who have ever lived ... The prophet indicts those who create or benefit from oppression. The role of the prophet, as the old saying goes, is to afflict the comfortable and comfort the afflicted. Prophets express the anger of God at injustice while communicating God's compassion to the oppressed. (Heschel 2001:xxi,4) Die geskiedenis wys wel dat mense wat die mantel van profesie aantrek, wat die wêreld aan die noodsaaklikheid van morele leierskap bly herinner, dikwels nie goed ontvang word nie. Moderne samelewings kry dit alte dikwels reg om profete stil te maak deur verwerping, vervolging, tronkstraf en selfs die dood. Dit lyk of daar 'n patroon in die menslike kultuur is: ons is baie gemakliker met profete wanneer hulle dood is as wanneer hulle leef. Dán eer ons hulle in die publiek en stal hul bydraes in museums en heilige plekke uit. In Luk 11:47 sê Jesus: "Ellende wag vir julle, want julle bou grafmonumente vir die profete, maar julle voorvaders het hulle vermoor". Profete en radikale versoeners moet aanvaar dat hulle nooit, wanneer hulle die waarheid verkondig, deur hulle familie, tuisdorp, nasie en etniese groep geëer sal word nie (Boesak & De Young 2012:124-125). En waar profete stilgemaak word, seëvier ongeregtigheid. Een van die redes hoekom profetiese woorde en dade so ongemaklik is, is omdat dit werklike verandering vereis. Versoening sónder geregtigheid, onpartydigheid, eerlikheid en menswaardigheid, is hoegenaamd nie versoening nie. Ook is vergifnis, wat so belangrik vir versoening is, nie maar net 'n kwessie van vergeet en aanbeweeg asof niks werklik gebeur het, of niks verder gedoen hoef te word nie. Prof Willie Esterhuyse vertel dat hy by 'n gesprek oor sosiale kohesie in Kliptown opnuut bewus geword het dat versoening nie oor vergewe en vergeet gaan nie, maar eerder oor onthou en vergewe. Boesak en De Young bevestig dit: "Forgiving is . holding the memory as holy before God, so that the victim is honoured and the atrocity is never repeated again" (Boesak & De Young 2012:154). Hierdie soort versoening het egter niks met sentimentaliteit te doen nie. Daar is niks romanties daaraan om onregverdige, immorele politieke en ekonomiese beleidsrigtings, wat vernietigende armoede skep en inkomste-ongelykheid bevorder, uit te daag en te omvorm tot volhoubare politieke en ekonomiese geregtigheid nie. Radikale versoening ontstaan feitlik nooit vanuit die sentrum van politieke en godsdienstige mag nie. Dit begin selde, indien ooit, by die binnekring of leierskap. Dit ontspring eerder aan die periferie - by mense wat op profetiese wyse teen die grense lê - en wat magsbehepte en grypsugtige leiers konfronteer met die waarheid. "Cheap reconciliation, in pretending to be more and more like God, becomes less and less like God" (Boesak & De Young 2012:157). Vervolgens word daar aandag geskenk aan 'n historíese blik op die jarelange konflik tussen Israel en Palestina, en hoe bogenoemde leierskapsmodel moontlike versoening in hierdie gebied sou kon bring, sou leiers en aktiviste doelbewus hieraan aandag skenk en in lyn hiermee probeer optree. 4. HISTORÍESE AANLOOP TOT DIE ISRAEL-PALESTINA KONFLIK Alhoewel hier heelwat kritiese aspekte rakende Sionisme uitgelig word, moet hierdie perspektief nié as anti-Semities beskou word nie. Hier word gekyk na moontlike wortels wat hierdie konflik veroorsaak met die oog daarop om te probeer vasstel in watter mate morele leierskap, soos in hierdie artikel beredeneer, rigting vir moontlike oplossings en/of versoening in hierdie gebied kan aandui. 4.1 Die vroeë geskiedenis van die streek Van die vrae wat sou kon help om hierdie konteks beter te verstaan, sluit in: Aan wie behoort Palestina? Wie het die grootste historíese aanspraak op die grondgebied? Waarom is dit so moeilik om die konflik tussen Israel en die Palestyne te besleg? Om die dekades-lange konflik in die Midde-Ooste beter te verstaan, help dit om die historiese wortels wat hiertoe aanleiding gegee het beter te verstaan. In die proses is dit ook nodig om baie van die aanvaarde dogma oor byvoorbeeld die Sionistiese beweging en hul historiese aanspraak op Palestynse grondgebied in heroënskou te neem. Die grond waarop die Palestyne vir méér as 1 000 jaar gewoon het, is met die totstandkoming van die Israelse staat meestal met geweld en sonder hul instemming van hulle afgeneem. Van die begin was dit die Sioniste se doelwit om die nie-Joodse Palestyne van hul grond te vervreem. Sionisme was egter op 'n foutiewe kolonialistiese wêreldbeskouing gegrond waarin daar min ag geslaan is op die regte van inheemse mense. Tussen 3 000 en 1 100 v.C. het die Kanaäniete op die grond gewoon wat vandag as Israel, die Wesoewer, Libanon en die grootste dele van Sirië en Jordanië bekend staan. Die Hebreërs het teen ongeveer 1 250 v.C. hierheen migreer. Volgens opgrawings was Jerusalem teen hierdie tyd reeds 'n gevestigde stad. 'n Baie gesofistikeerde waterstelsel wat in daardie stadium moontlik al agt eeue oud kon wees, getuig hiervan (Washington Report On Middle East Affairs 2011). Die Joodse koninkryke was slegs een van baie tydperke in antieke Palestina. Die uitgebreide koninkryke van Dawid en Salomo waarop die Sioniste hul grondeise baseer, het in totaal net 78 jaar (1000-922vC) geduur. En sou 'n mens die algehele duur van die Joodse koninkryke - vandat Dawid Kanaän in 1 000v.C. verower het tot die uitwissing van Juda in 586v.C. - as onafhanklik beskou, het die Jode vir 'n totaal van (net) 414 jaar regeer (Beatty 1957:45). Palestina, die bakermat van die Christendom, het in die 7de eeu reeds 'n oorheersend Arabiese land geword. In 1516 word Palestina 'n provinsie van die Ottomaanse Ryk, maar dit was steeds nie minder Arabies nie. Sedert 1882 het Joodse koloniste in Palestina begin vestig, maar tot en met die lente van 1948, toe Israel as staat gevestig is, was Arabiere verreweg in die meerderheid. In 1931 byvoorbeeld was daar 174 606 Jode teenoor 'n totale bevolking van 1 033 314 (Said 1992:11). Daar was egter steeds ook afstammelinge van die Semiete - die oorspronklike inwoners van die landstreek - wat Christene, Jode, of Moslems was. In 1858 word die Ottoman-grondkode van krag wat vereis dat landbougrond in die naam van individuele eienaars geregistreer word. Vir die eerste keer kon 'n landbewoner ontneem word van sy reg om op grond te bly, dit te bewerk en oor te dra aan 'n volgende geslag. Voorheen was hierdie regte onvervreembaar. Hierdie kode het egter dikwels gemeenskapsregte op eiendom geïgnoreer (Said & Hitchens 2001:211). In 1919 sê Weizman, Sionistiese leier op daardie stadium, die volgende tydens 'n vredeskonferensie in Parys: "The Arabs will be our problem for a long time... It's not going to be simple. One day they may have to leave and let us have the country. They're ten to one, but don't we Jews have ten times their intelligence?" (Wilson, 2003).3 Ná die val van die Ottomaanse Ryk en die Eerste Wêreldoorlog word Palestina 'n Britse mandaatgebied. 4.2 Britse mandaatperiode: 1920-19484 Die Balfour-deklarasie van November 1917 wat deur die Britse regering uitgevaardig is, het 'n Joodse tuisland in Palestina belowe. Dit beteken 'n Europese krag het 'n besluit geneem oor 'n nie-Europese gebied sonder inagneming van die teenwoordigheid en wense van die grootste meerderheid inwoners van daardie gebied - die Palestyne. In 1921 het dr Eder, 'n lid van die Sionistiese Kommissie, hulle intensies baie duidelik gemaak: "There can be only one National Home in Palestine, and that a Jewish one, and no equality in the partnership between Jews and Arabs..." (Hadawi 1991:51). Van 1936 tot 1939 het die Palestyne in opstand gekom, maar is met brutale Britse mag onderdruk. Oor die 1938 Palestynse konflik word Ghandi soos volg aangehaal: Palestine belongs to the Arabs in the same sense that England belongs to the English or France to the French. ... What is going on in Palestine today cannot be justified by any moral code of conduct. ... Jews can settle in Palestine only by the goodwill of the Arabs. . As it is, they are co-sharers with the British in despoiling a people who have done no wrong to them. According to the accepted canons of right and wrong, nothing can be said against the Arab resistance in the face of overwhelming odds. (Mendes-Flohr 1984:108) In 1947 toe die Verenigde Nasies se partisieplan aangekondig is, het dit grond wat onwettig deur Jode bekom en besit is, amptelik aan hulle toegeken. Die destydse Sioniste-leier, David Ben-Gurion, was uiters ongelukkig hieroor, want hy wou nog méér grond hê as wat deur die VN bepaal is - ten koste van die Palestyne, natuurlik (Morris 1998). Teen hierdie tyd was Amerika een van die mees aggressiewe voorstanders van partisie. Die Verenigde Nasies het met dié partisieplan een van hul eie kernbeginsels, naamlik dié van die reg tot selfbeskikking vir álle mense, geweld aangedoen (Hadawi 1991:76). In Desember 1947 het Brittanje aangekondig hy gaan op 15 Mei 1948 uit Palestina onttrek. Palestyne in Jerusalem en Jaffa het toe 'n protes teen die partisie uitgeroep en gevegte het feitlik onmiddellik in die strate van Jerusalem uitgebreek. In April 1948 was agt uit die 13 groot Sionistiese militêre aanvalle gemik op Palestyne in die gebied wat aan die Arabiese staat toegeken was (Emerman et al. 1981:68,71). Met hul sterk militêre mag het die Europese Jode teen 15 Mei 1948 die meeste Arabiese stede in Palestina ingeneem. In teenstelling hiermee het die Palestyne nie beslag gelê op een van die gebiede wat deur partisie vir die Joodse staat gereserveer was nie (Cattan 1969:37). Ná 15 Mei 1948 het die Arabiere toegetree tot die stryd, maar dit was die tweede fase van die oorlog - in reaksie op die massamoorde, uitsettings en onteiening wat oor tyd deur Sioniste aan hulle gedoen is (Hadawi 1991:92). Joseph Weitz, direkteur van die Joodse Nasionale Grondfonds, het op 19 Desember 1940 gesê: "It must be clear that there is no room for both peoples in our country..." (Said 1992:99). Hy het gereken alle Arabiere moes na naburige lande verplaas word, behalwe miskien dié in Bethlehem, Nasaret en Ou Jerusalem. Daar is honderde sulke stellings gemaak (Said 1992:100). Edward Said sê verder: "Israel has negated the possibility of return... systematically and juridically made it impossible, on any grounds whatever, for the Arab Palestinian to return, be compensated for his property, or live in Israel as a citizen equal before the law with a Jewish Israeli" (Said 1992:49). Die weiering om Palestyne se reg tot selfbeskikking en 'n eie staat te erken, blyk oor jare van die belangrikste oorsake vir die geweld en bloedvergieting daar te wees. In die winter van 1949 was meer as 750 000 Palestyne in ballingskap. In die koue het families in grotte, hutte en tente gebly - uitgehonger, dikwels binne sigafstand van hul eie groentetuine in Palestina, wat tóé deel was van die nuwe staat van Israel (Emerman et al. 1983:75,77-78). 4.3 Die 1967 oorlog, die Israeliese besetting van die Wesoewer en Gaza, en die tyd daarna5 Egipte het nie die 1967-oorlog begin soos aanvanklik deur Israel beweer is nie. Dít is deur 'n voormalige bevelvoerder van die Lugmag, Generaal Ezer Weitzman, bevestig: "In June 1967, we again had a choice. The Egyptian Army concentrations in the Sinai approaches do not prove that [Egyptian president Gamal Abdel] Nasser was really about to attack us. We must be honest with ourselves. We decided to attack him" (Chomsky 1983:100). Yitzhak Rabin, Stafhoof van Israel, beaam dit: "I do not think Nasser wanted war. The two divisions he sent to The Sinai would not have been sufficient to launch an offensive war. He knew it and we knew it" (Quigley 1990:164). Moshe Dayan, Verdedigingsminister in 1967 wat die bevel gegee het om die Golan Hoogland in te neem, sê: [M]any of the firelights with the Syrians were deliberately provoked by Israel, and the kibbutz residents who pressed the Government to take the Golan Heights did so less for security than for the farmland. ... They didn't even try to hide their greed for the land. ... And then we would use artillery and later the air force also, and that's how it was. (Schmemann 1997) Sedert die Sesdaagse Oorlog van 1967 het Israel min gevoel vir internasionale wetgewing. Hulle het 52% van die grond in die Wesoewer beset en 30% van die Gasastrook, vir óf militêre gebruik óf die vestiging van Joodse burgers. Tans is dit veel meer. Net tussen 1967 en 1982 het Israel se militêre regering 1 338 Palestynse huise op die Wesoewer vernietig. Sedertdien het hierdie vernietiging voortgegaan. Gedurende dieselfde tydperk is meer as 300 000 Palestyne sonder verhoor deur Israel se geheime magte aangehou (Lockman & Beinin 1990:104,108). Die VN se Algemene Vergadering het hom intussen wel uitgespreek teen Israel se besetting van die Wesoewer, Oos-Jerusalem en Gasa - en teen Israel se ontkenning van selfbeskikking en dat dít 'n ernstige en groeiende bedreiging vir internasionale vrede en sekuriteit inhou (Quigley 1990:220). Die jongste geskiedenis is/word gekenmerk deur die bou van 'n sogenaamde "apartheidsmuur" tussen die Palestynse gebied in die Wesoewer, Oos-Jerusalem en Israel, met gepaardgaande inperking van die beweging van mense in hul eie staat. Palestynse huise, ander infrastruktuur en grond word in die Wesoewer en Oos-Jerusalem onteien of vernietig en nuwe Israelse nedersettings brei steeds in die besette gebiede uit. Voorts is daar die onwettige verbruik van water deur Israelse setlaars en daarmee saam die inkorting van watervoorsiening aan die Palestyne in die Wesoewer, asook Israelse militêre intimidasie in die besette Palestynse gebiede. Ons lees steeds daagliks van ernstige beserings wat Palestyne opdoen tydens demonstrasies in die Gaza strook. Dikwels word hulle deur Israeli magte gedood. Daar is soveel humanitêre behoeftes, eintlik krisisse, veroorsaak deur onder andere n dekade lange Israel blokkade. Die lys van huidige menseregte-vergrype (sien ook 4.6) kan verder aangevul word.6 Dit lyk of Israel hul militêre stewels stewig in die gesigte van die Palestyne wil hou. Dít is natuurlik olie op die konflik-vuur in Palestina. Weerstandsbewegings word gevoed deur diskriminasie en menseregteskendings. 'n Mens kan weerwraak op grond van historiese onreg nooit regverdig nie; tóg sal dit 'n logiese gevolg wees - partykeer tot die uiterste gedryf, soos Hamas wat kort ná hul stigting in 1987 erken het hy wil Israel vernietig. Tog is dít nie genoem in sy Palestynse parlementsverkiesingsmanifes van 2006 nie. Dit is nie goed genoeg dat politici net hierdie krisis bestuur nie; dit moet opgelos word. Natuurlik lê die oplossing nie net in die hande van politici nie. Ons hoor en lees ook van aktivisme in hierdie Palestynse stryd soos onder andere deur siviele drukgroepe, digitale aktivisme, en deur die wêreld te vra om Israel met sanksies te boikot. Maar oplossings, op watter maniere ook al nagestreef, is net moontlik as dit gemotiveer en gedryf word vanuit morele waardes en leierskap in ooreenstemming met internasionale wetgewing. Dit is al hoe ware, volhoubare vrede moontlik is. In hierdie opsig het Israel veral baie werk om te doen. Sporadiese teenwoordigheid van Jode in historiese Palestina sedert die vroegste tye, hef nie die feit op dat die voorsate van die huidige Palestyne vir die afgelope 1 000 jaar in die gebied tussen die Middellandse see en die Jordaanrivier by verre in die meerderheid was nie. Toe die eerste Joodse nedersetting byvoorbeeld gedurende die tweede helfte van die negentiende eeu in Palestina gestig is, het die Joodse teenwoordigheid slegs 3% van die bevolking uitgemaak teenoor 97% van die Palestyne. Geen wonder nie dat 'n afvaardiging van Joodse Rabbi's uit Oostenryk wat deur Theodor Herzl gestuur is om die geskiktheid van Palestina vir 'n Joodse tuiste te ondersoek, terugrapporteer het: "The bride is beautiful, but married to another man" (Sethi 2014). Om dié rede het Herzl selfs Argentinië en Uganda as alternatiewe vir 'n Joodse tuiste oorweeg. In 1918 het Jode slegs 56 000 van die totale bevolking van 700 000 uitgemaak, teenoor die 574 000 Moslem Arabiere en 70 000 Christene, terwyl hulle (die Jode) slegs 2% van die grondgebied besit het. Ten tye van die partisievoorstelle van 1947, het die Jode slegs 5.67% van die grondgebied besit. Aan die einde van die Britse mandaat in 1948, tydens die stigting van die staat van Israel, het die Jode slegs sowat 'n derde van 'n bevolking van ongeveer 2 miljoen uitgemaak (Cattan 1969:18-30). Hierdie feit van 'n sterk Palestynse teenwoordigheid is allerweë deur belangrike Joodse leiers self aanvaar. David Ben-Gurion, latere eerste minister sê: "Let us not ignore the truth among ourselves.politically we are the aggressors and they defend themselves. ... The country is theirs, because they inhabit it" (Chomsky 1983:91). Die gerespekteerde Joodse historikus Bennie Morris skryf: "A Jewish state would not have come into being without the uprooting of 700 000 Palestinians" (Hammond 2014). Moshe Dyan is van mening "[t]here is not a single Jewish settlement that was not established in the place of a former Arab village" (Hallaj 2011:102). 4.4 Kritiek teen Sionisme7 Erich Fromm reken dat as elke nasie skielik die grond waarop hul voorvaders 2 000 jaar gelede gewoon het, moet terugeis, sal die wêreld 'n "malhuis" wees (Hadawi 1991:95). Martin Buber reken: "Only an internal revolution can have the power to heal our people of their murderous sickness of causeless hatred. ... It is bound to bring complete ruin upon us." Hy wonder hoe 'n nasie met soveel bloed op hul hande kan "babble and rave about being the People of the Book and the light of the nations" (Washington Report On Middle East Affairs 2011). In 1978 sê Rabbi Hirsch van Jerusalem die volgende oor Sionisme: Zionism is diametrically opposed to Judaism. Zionism wishes to define the Jewish people as a nationalistic entity. The Zionists say, in effect, 'Look here, God'. We do not like exile. Take us back, and if you don't, we'll just roll up our sleeves and take ourselves back. ... This, of course, is heresy. (Hadawi 1991:38) 4.5 Joodse fundamentalisme Joodse fundamentalisme was nooit verteenwoordigend van die breë Judaïsme8 nie, maar het tog 'n invloed gehad, veral wat die ideologiese basis vir die setlaar-beweging in die Wesoewer en Gasa betref. Dit het ook die ideologiese basis vir rassisme in Israel gevorm. Rabbi Kook sê by geleentheid: "The difference between a Jewish soul and the souls of non-Jews . is greater and deeper than the difference between a human soul and the souls of cattle" (Shahak & Mezvinsky 1999:ixA Nog verdere voorbeelde sou genoem kan word soos 'n versoek deur die Gush Emunim rabbi's dat Jode wat Arabiere doodmaak nie gestraf moes word nie, en dat grond van Palestyne waarop daar beslag gelê word, nie as steel nie, maar as heiliging/wyding gesien moet word (Shahak & Mezvinsky 1999:71-72). 4.6 Israel eis respek, maar bewys min aan Palestina9 Volgens Adam Omar (2014:17) is daar tans steeds vele optredes van Israel wat die internasionale reg oortree. Daar vind land-, see-, lug- en grondblokkades plaas wat geen basis of regverdiging onder internasionale reg het nie. Mense word geskiet wanneer hulle probeer om vis te vang om daaruit 'n bestaan te maak. Geen medisyne, toerusting en ander benodigdhede word toegelaat om Gasa binne te kom nie. Die Palestyne word kollektief gestraf om hulle tot onderwerping te dwing. Mans, vroue en kinders word in tronke geplaas sonder verhoor - tot onlangs meer as 7 000. Gedwonge uitsettings en beskadiging van huise en plaasgrond vind plaas om etniese suiwering te bereik. Dan is daar die voortdurende bou van Joodse nedersettings op besette Palestynse grond. Die Verenigde Nasies het dit onwettig verklaar, maar die verowering en besetting van Palestynse grond vind steeds plaas - onder die dekmantel van vredesgesprekke wat al die afgelope 20jaar gevoer word. Die elektrisiteits- en die watersuiweringsinstellings word gebombardeer. Menseregte word selfs in die howe ontken. Protes in enige vorm word wreed onderdruk. Baie word erg beseer in betogings, en die dood van betogers, soos vroeër na verwys, is alledaags. Volgens die internasionale reg het mense die reg om te protesteer en om te veg vir hul regte en vryheid. Dít is presies wat die Palestyne doen: hulle voer 'n stryd om vryheid en nasionale onafhanklikheid. Israel het die vierde magtigste weermag ter wêreld, gevorderde tegnologie, wapens en vliegtuie en bombardeer huise na willekeur. Die dodetal is hemelhoog en sluit babas, jong kinders, vroue en bejaardes in. Feitlik die hele Oos-Gasa is 'n ruïne (Omar 2014:17). Israel straf die Palestyne omdat hulle 'n eenheidsregering met Hamas gevorm het (en wat 'n sterker teenstand teen Israel se aggressie skep). Israel voer voortdurend aan Hamas is terroriste en regverdig hierdeur Israel se invalle en oorlog teen Palestynse opstand. Hierdie strategie word gereeld gebruik om wêreldmening stil te maak en stel Israel as 'n slagoffer voor. Die Israel-Palestina konflik is nie (net) 'n botsing tussen Jode en Moslems nie - 15% van die Palestyne is Christene. Daar is ook nie-gelowige Palestyne. Die eintlike en ware saak is dié van grondbesit. Israel gryp openlik grond. Ten spyte daarvan dat Israel hom vroeër (2005) van die Gasa strook ontkoppel het, beheer hy dit steeds van buite. Israel het egter vir sy eie Joodse setlaars aangesê om Gasa te verlaat (daar is tans geen setlaars in Gasa nie) om sodoende die Wesoewer digter te bevolk. Die setlaar-beweging bestaan nie net in die Wesoewer nie, maar ook in die besette Oos-Jerusalem. Israel wil nou 'n gedemilitariseerde Gasa bewerkstellig. Hulle wil Gasa beheer omdat natuurlike gas langs die kus gevind is, en Israel is reeds besig met planne om dié hulpbron te ontgin (Omar 2014:17). Die vooruitsigte vir vredesonderhandelinge is skraal omdat talle VN-resolusies, onder die diplomatieke dekmantel van die VSA, verwerp word. Die VSA verskaf voorrade van miljarde dollar aan Israel, en dit sluit nie eens die vegvliegtuie, tegnologie en wapens in nie. Daar moet benadruk word dat Moslems nie anti-Joods is nie, maar teen die moderne Sionisme. Dit geld ook Christene en nie-gelowige Palestyne. In hierdie opsig het Khalid Mishal, 'n vorige leier van Hamas, bevestig dat die Palestyne nie die Jode haat nie. In 'n onderhoud met 'n Kanadese televisiejoernalis het hy gesê: "The liberation of Palestine does not mean Hamas want to kill the Jews or want to throw them into the sea - we do not want to fight the Jews because they are Jews. We fight them because they stole our land". Daar is egter weinig begrip vir die feit dat gewapende verset teen enige vorm van onregmatige besetting in ooreenstemming is met internasionale reg. Die enigste voorwaarde is dat burgerlikes nie geteiken mag word nie. Tydens die Tweede Intifada met die klem op selfmoordbomaanvalle, het Hamas egter nie aan hierdie voorwaarde voldoen nie. Maar daar kan nie 'n oplossing vir hierdie konflik wees tensy Hamas nie ook betrek word nie. Hamas is intussen van die Hof van die Europese Unie se lys van terroriste afgehaal. Hamas het by verskeie geleenthede te kenne gegee dat hulle n tweestaat-oplossing, gebaseer op die 1967 grense, sal aanvaar - maar wat onhaalbaar lyk as gevolg van die wydverspreide nedersetting en bouery op besette Palestynse grond. In hierdie opsig moet beklemtoon word dat die Palestyne verdeeld is oor hierdie politieke oplossing. Die meeste Palestyne ondersteun wel egter die welbekende BDS10 oproep. Dit staan vir "Boycott, Divestment, Sanctions". Dit is 'n Palestynse beweging wat hom beywer vir vryheid, geregtigheid en gelykheid. Dit bevorder die belangrike beginsel dat die Palestyne dieselfde regte het as alle ander mense. Dit is geïnspireer deur die Suid-Afrikaanse apartheidsbeweging en roep mense internasionaal op om Israel te dwing om volgens internasionale wetgewing op te tree. Dit is egter belangrik om hier kennis te neem van die feit dat hierdie sogenaamde oplossings bemoeilik word deur die verskuilde belange van Palestynse politici, die Israeli agenda en die doelwitte van imperialistiese en gierige wêreldmagte. 4.7 Die invloed van godsdiens op die huidige situasie Anders as wat algemeen vermoed word, het die stigting van die staat van Israel nie n godsdienstige of Bybelse motief gehad nie. Die vader van die Sionisme, Theodor Herzl en die latere Eerste Minister van Israel na wie reeds vroeër verwys is, David Ben-Gurion, was albei erkende ateïste. Tog kan mens nie die rol van godsdiens in hierdie konflik tussen Israel en Palestina geringskat nie. Juis hierom is onder andere die tempelterrein in Jerusalem so omstrede. Vir die Jode is die westelike- of klaagmuur hulle heiligste plek. Dit word beskou as 'n oorblyfsel van die oorspronklike tempel. Ook beskou die Palestyne hierdie selfde tempelterrein as heilig, aangesien twee bekende en prominente heiligdomme hier op die tempelberg aangetref word, naamlik die Al Aqsa moskee en die "Dome of the Rock". Beide hierdie groepe eis Jerusalem dus op as hul hoofstad. In die lig hiervan het die onlangse opening van die VSA se ambassade in Jerusalem beslis nie vrede en versoening in hierdie gebied (en elders) bevorder nie. Inteendeel dit het tot protesaksies gelei en binne enkele dae na hierdie opening is ten minste 106 Gasa-inwoners gedood, 11 000 beseer en is 3 000 deur skerp ammunisie getref. Geen ongevalle aan Israel se kant is aangemeld nie. Die dag waarop die ambassade geopen is - 14 Mei 2018 - was die 70ste herdenking van die Palestynse Nakba, oftewel "katastrofe". Dit is wat die Palestyne die totstandkoming van Israel in 1948 noem toe hulle self uit die gebiede moes vlug wat nou die oostelike grens van Israel vorm. Hierdie skuif van die Amerikaanse ambassade van Tel Aviv na Jerusalem maak die Palestyne woedend omdat hulle Oos-Jerusalem as die hoofstad van n toekomstige Palestynse staat beskou. Die blinde toegeneentheid van baie Westerse lande teenoor Israel berus dikwels op n misplaasde vertolking van die Bybelse profesieë oor die terugkeer uit die ballingskap. Die terugkeer uit die ballingskap het egter reeds in die tyd van Esra en Nehemia plaasgevind en het niks met die grootskaalse verhuising van Jode na die staat van Israel te doen nie. Die sterk invloed van millennium Christene op veral die Amerikaanse presidente versterk hul bevooroordeeldheid teenoor die Palestyne. Die millennium Christene is naamlik van mening dat die terugkeer na die staat van Israel n voorvereiste is vir die tweede koms van Christus wat dan ook die duisendjarige vredesryk sal voorafgaan. Israeliese leiers het in lyn hiermee oor jare heen meesterlik daarin geslaag om die sogenaamde "Dawid en Goliat" verhaal sodanig te verpak dat die wêreld se simpatie grotendeels by Israel lê. Bogenoemde aspekte dui maar net weer aan hoe sterk eeueoue (godsdiens) tradisies, verdelende besluite en diskriminerende optrede in moderne samelewings funksioneer. 5. SLOTOPMERKINGS Bogenoemde vier kerndrywers, wat evolusionêr bepaal word, asook die vier belangrike waardes wat daarmee korrespondeer, behoort in die hart van morele leierskap te lê, veral wat betref n konflik-geteisterde situasie soos tussen Israel en Palestina. Dit is al hoe daar moontlik vrede tussen die groeperinge aldaar bewerkstellig en bevorder kan word; en hoe die volgende woorde van Hans Küng - al is dit net op 'n beperkte wyse - aangespreek sou kon word: When will the endless dispute over the Holy Land ever be settled? When will the war be ended, the tragedy - which deeply depresses all the friends of the state Israel ... be over? In the present world situation, inflamed by 11 September 2001 and Iraq War of 2003, the Jewish state is, unhappily, in danger of remaining even more fixated on the past, instead of facing the present and being open to the future. (Küng 2007:4) As mens die belangrikste kwessies wat deur Israel geweier word, en deur die Palestyne geëis word, in oënskou neem, kan bogenoemde morele leierskapmodel sonder om die situasie te oorvereenvoudig, in die volgende opsigte help. Die Palestyne se situasie kan verbeter en bevorder word as Israel (1) aan hulle die nodige bronne gee om voorspoedig te wees en te floreer. Dit sou onder andere kon beteken dat die oostelike deel van Jerusalem aan die Palestyne afgestaan word, omdat hulle dit baie graag as hul hoofstad wil hê, wat sodoende hul besigheids-en kultuursentrum kan word. Voor dít nie gebeur nie, sal wrywing en konflik voortgaan. (2) Daar sal meer effektiewe verhoudings deur Israel en Palestina met mekaar aangegaan en gevestig moet word - wat onder andere gekenmerk sal moet word deur omarming, empatie, insluiting, vertroue, respek, eer en erkenning. Maniere waarop dít in hierdie konflik-geteisterde situasie sou kon geskied, is vir Israel om n volkome onafhanklike Palestynse staat op hul spreekwoordelike voorstoep te aanvaar en die skandmuur af te breek. Deur die skandmuur te behou, word menslike verhoudings in "ons" en "hulle" gedefinieer. Dit is verdelend en teen internasionale wetgewing. (3) Die Palestyne se situasie behoort beter deur Israel begryp te word deur, met die nodige inligting en kennis waaroor hulle beskik, nie net op rasionele vlak nie, maar ook op grond van stories en narratiewe soos deur mense vertel, te verreken om beter sin van die Palestynse leefwêreld en psige te maak. Nie net word hieroor in die media berig nie, maar die benadeling en verontregting van Palestyne kom ook na vore in geïntegreerde gespreksruimtes tussen die Israeli's en Palestyne. Stories besit die vermoë om dominante kragte en magte te verander. In hierdie opsig kan Israel ophou om Palestynse grond te beset; al die Joodse vestings en dorpies in die besette Palestynse gebiede kan ontruim word; en verwoeste geboue kan herstel of nuut opgebou word. (4) Israel kan ook heelwat meer doen om geregtigheid na te jaag in belang van Palestina deur alle Palestynse vlugtelinge en ballinge toe te laat om na hul land terug te keer en in vryheid rond te beweeg (Geering 2001:63). Dit sal baie moed en dapperheid verg, maar dit sal die Palestyne hul reg op selfbeskikking (asook ander menseregte) teruggee. As hierdie belangrike kwessies onder andere aandag sou kry, behoort mense se houdings, ingesteldheid en persepsies van mekaar positief beïnvloed en verander te word. Dit sluit ook die Palestyne se ingesteldheid teenoor Israel in. Waar al vier hierdie geëvolueerde waardes gelyktydig bevredig word, sal Israeli's en Palestyne ongetwyfeld meer vervuld, in vrede en suksesvol kan saamleef, omdat botsende eise en belange beter opgeweeg sal word. Hierdie evolusionêre lens waardeur n mens na moraliteit en morele leierskap kyk, sou baie kon help om die konflik tussen Israel en Palestina aan te spreek, maar dit sou ook ander moondhede kon help om universele waarhede in belang van soveel as moontlik mense te soek - oor generasies en grense heen. Volkome objektiwiteit is egter nie altyd moontlik nie. Mense bly vasgevang in hul eie kulturele en godsdienstige oortuigings, wat weer hul besluite en gedrag bepaal. Mense bly geneig om hierdie drywers en dienooreenkomstige waardes slegs in terme van die verstaan van hul eie wêreld te interpreteer en te ekstrapoleer. Dit beteken egter nie dat refleksie oor morele waardes en leierskap wat betref 'n eietydse situasie sonder waarde is as daar nie onmiddellik sukses is nie. Die uitdaging is om aan te gaan om hieroor te reflekteer en aksies te loods, nie net vir ons eie voordeel of tot voordeel van ander nie, maar ook vir hulle wat ná ons kom. BIBLIOGRAFIE Akram, S.M., Dumper, M., Lynk, M. & Scobbie, I. 2011. International law and the Israeli-Palestinian conflict: A rights-based approach to Middle East peace. Abingdon: Routledge. [ Links ] Ayala, F.J. 2012. The big questions: Evolution. London: Quercus. [ Links ] Bantum, B. 2010. Redeeming mulatto: A theology of race and Christian hybridity. Waco: Baylor University Press. [ Links ] Beatty, I. 1957. Arab and Jew in the land ofCanaan. Chicago: Henry Regnery Company. [ Links ] Beit-Hallahmi, B. 1993. Original sins: Reflections on the history of Zionism and Israel. New York: Olive Branch Press. [ Links ] Brinner, W. & Rischin, M. 1987. Like all the nations? The life and legacy of Judah L. Magnes. Albany: State University of New York Press. [ Links ] Caplan, N. 2010. Israeli-Palestinian conflict: Contested histories. Oxford: Wiley-Blackwell. [ Links ] Cattan, H. 1969. Palestine, the Arabs and Israel. London: Longman. [ Links ] Chomsky, N. 1983. The fateful triangle: The United States, Israel and the Palestinians. Boston: South End Press. [ Links ] Du Toit, F. & Doxtader, E. 2010. In the balance: South Africans debate reconciliation. Johannesburg: Jacana Media. [ Links ] Eagleman, D. 2015. The brain: The story of you. New York: Pantheon. [ Links ] Elliot, N. 2008. The arrogance of nations: Reading Romans in the shadow of empire. Minneapolis: Fortress. [ Links ] Rupert, P., Johnson, P., Emerman, J., John, L. & People's Press Palestine Book Project Staff. 1981. Our roots are still alive: The story of the Palestinian people. New York: Institute for Independent Social Journalism. [ Links ] Flapan, S. 1987. The birth of Israel: Myths and realities. New York: Pantheon. [ Links ] Geering, L. 2001. Who owns the Holy Land? Wellington: St Andrew's Trust. [ Links ] Hadawi, S. 1991. Bitter harvest: A modern history of Palestine. New York: Olive Branch Press. [ Links ] Hallaj, D. 2011. Born a refugee: A novel of one Palestinian family. Google Books. [ Links ] Hammond, J.R. 2006. Benny Morris's untenable denial of the ethnic cleansing of Palestine. Foreign Policy Journal. https://www.foreignpolicyjournal.com/2016/11/14/benny-morriss-untenable-denial-of-the-ethnic-cleansing-of-palestine [17 November 2017]. [ Links ] Hauser, M.D. 2006. Moral minds: How nature designed our universal sense of right and wrong. London: Abacus. [ Links ] Heschel, A.J. 1962. The prophets. New York: Harper & Row Publishers. [ Links ] Hirst, D. 2003. The gun and the olive branch: The roots of violence in the Middle East. London: Faber & Faber. [ Links ] Jones, C. 2017. The importance of moral leadership with regard to gender, race, poverty and sexual orientation. Unpublished Paper: Cultivating change agents: mainstreaming gender and health in Africa, Gender Unit Conference, Stellenbosch University, 28-29 March 2017. [ Links ] Küng. H. 2007. Islam: Past, present & future. Oxford: Oneworld Publications. [ Links ] Lawrence, P. Moral leadership as shaped by human evolution. Harvard Business Review. https://hbr.org/2010/05/moral-leadership-as-shaped-by [15 March 2017]. [ Links ] Lawrence, P.R. & Nohria, N. 2002. Driven: How human nature shapes our choices. San Francisco: Jossey-Bass. [ Links ] Lockman, Z. & Beinin, J. 1990. Intifada: The Palestinian uprising against Israeli occupation. London: I.B. Tauris & Co. Ltd. [ Links ] Mendes-Flohr, P.R. 1983. A land of two peoples: Martin Buber on Jews and Arabs. New York: Oxford University Press. [ Links ] Morris, B. 1998. Looking back: A personal assessment of the Zionist experience. Tikkun, 13(2):40-49. [ Links ] Myers, C. & Enns, E. 2009. Ambassadors of reconciliation, Volume 1: New Testament reflections on restorative justice and peacemaking. New York: Orbis Books. https://www.ochaopt.org [2 June 2018]. [ Links ] Omar, A. 2014. Israel se tien leuens. Die Burger, 21 Augustus. [ Links ] Peretz, D. 1996. The Arab-Israel dispute. New York: Facts on File. [ Links ] Pappe, I. 2006. The making of the Arab-Israel conflict, 1947-1951. London: I.B. Tauris & Co Ltd. [ Links ] Quigley, J. 1990. Palestine and Israel: A Challenge to Justice. Durham & London: Duke University Press. [ Links ] Said, E.W. 1992. The question of Palestine. New York: Vintage Books. [ Links ] Said, E.W. & Hitchens, C. 2001. Blaming the victims: Spurious scholarship and the Palestine question. London: Verso. [ Links ] Seldon, A. 2009. Trust: How we lost it and how to get it back. London: Biteback Publishing Ltd. [ Links ] Schmemann, S. 1997. General's words shed a new light on the Golan. The New York Times, 11 May. [ Links ] Sethi, R. 2014. The bride is beautiful, but is married to another man. Newslaundry.com. https://www.newslaundry.com/blogs/the-bride-is-beautiful-but-is-married-to-another-man [8 December 2017]. [ Links ] Shahak, I. 1994. Jewish history, Jewish religion: The weight of3000years. London: Pluto Press. [ Links ] Shahak, I. & Mezvinsky, N. 1999. Jewish fundamentalism in Israel. London: Pluto Press. [ Links ] Smit, D. 2013. Al gewonder oor die koste van morele leierskap? Die Burger, 23 Februarie, p. 12. [ Links ] Stamos, D.N. 2008. Evolution and the big questions: Sex, race, religion, and other Matters. Oxford: Blackwell. [ Links ] Swaab, D. 2014. Ek is my brein: Van baarmoeder tot Alzheimer (vertaal deur Daniel Hugo). Pretoria: Protea Boekhuis. [ Links ] Tutu, D. 1999. No future without forgiveness. London: Rider. [ Links ] Washington Report on Middle East Affairs. Jews for Justice. 15 March 2011 [5 December 2017 & 8 January 2018]. [ Links ] Wilson, R. 2003. Palestine. http://users.physics.harvard.edu/~wilson/HUMANRIGHTS/PALESTINE/ history/considerations.html [8 January 2018] [ Links ] Winter, E. 1963. And not to yield: An autobiography. New York: Harcourt, Brace & World. [ Links ] Chris Jones was vir byna 20 jaar 'n gemeentepredikant in Ceres voordat hy en sy gesin aan die begin van 2008 Stellenbosch toe verhuis het om die Eenheid vir Morele Leierskap aan die Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch, op die been te bring. Hy staan tans aan die hoof van hierdie Eenheid en is ook 'n navorsingsgenoot binne die dissiplinegroep Sistematiese Teologie en Ekklesio-logie, deeltydse dosent in Etiek en studieleier (ook eksaminator) vir nagraadse studente. Hy lewer op gereelde basis referate by kon-ferensies en is die skrywer van 'n verskeidenheid boeke, hoofstukke in boeke en artikels. Ook help hy met eweknie-evaluering van artikels. Hy is betrokke by verskeie gemeenskapsontwikkelings-projekte. Chris Jones was a church minister in Ceres for close to 20 years before moving to Stellenbosch with his family at the beginning of 2008 to establish the Unit for Moral Leadership at the Faculty of Theology, Stellenbosch University. He currently heads this Unit and is also a research fellow within the discipline group Systematic Theology and Ecclesiology, part-time lecturer in Ethics and supervisor (also examiner) for postgraduate students. He regularly presents papers at conferences and is the author of a variety of books, chapters in books and articles. He also helps with peer reviewing of articles. He is involved in various community development projects. 1 Ek sou graag in hierdie afdeling méér oor die evolusie van ons spesie (en meer spesifiek oor die reptielbrein wat die mens so dikwels pootjie deurdat dit onder andere net vir homself opeis en toe-eien) wou uitbrei, maar volstaan vanweë beperkte ruimte, met die aanbeveling van die volgende boeke - wat meer lig hierop kan werp: David Eagleman, The Brain: The story of you (2015), en Dick Swaab, Ek is my brein: Van baarmoeder tot Alzheimer (2014). Daar is heelwat mense deur die geskiedenis wat daarin geslaag het om regtig "menslik" op te tree en wat nie toegelaat het dat hul reptielbrein hul neo-korteks lamlê nie, naamlik Martin Buber, Mahatma Ghandi, Martin Luther King, Nelson Mandela en Desmond Tutu, om enkeles te noem. Vir verdere toeligting oor die evolusie van ons spesie en hoe moraliteit hierdeur beïnvloed word, kan die werke van Francisco Ayala, The Big Questions: Evolution (2012); David Stamos, Evolution and the Big Questions: Sex, Race, Religion, and Other Matters (2008); Marc Hauser, Moral Minds (2006); en Paul Lawrence en Nitin Nohria, Driven: How Human Nature Shapes Our Choices (2002), geraadpleeg word. In hierdie artikel word daar net op baie beperkte wyse by hulle bydraes aangesluit. 2 Sien ook in aansluiting hierby Ched Myers en Elaine Enns, Ambassadors of reconciliation, Volume 1: New Testament reflections on restorative justice and peacemaking (2009); Neil Elliot, The arrogance of nations: Reading Romans in the shadow of empire (2008); Fanie du Toit en Erik Doxtader, In the balance: South Africans debate reconciliation (2010); en Desmond Tutu, No future without forgiveness (1999). 3 Sien ook Ella Winter se And not to yield: An autobiography (1963) en Don Peretz se The Arab-Israel dispute (1996). 4 Vir verdere perspektiewe rakende (verbandhoudende) aspekte wat in hierdie afdeling aangeraak word, sien: David Hirst se The gun and the olive branch: The roots of violence in the Middle East (2003); Benjamin Beit-Hallahmi se Original sins: Reflections on the history of Zionism and Israel (1993); Simha Flapan se The birth of Israel: Myths and realities (1987) en Ilan Pappe se The making of the Arab-Israel conflict, 1947-1951 (2006). 5 Sien ook in hierdie verband Israel Shahak se Jewish history, Jewish religion: The weight of3000 years (1994), en Zachary Lockman en Joel Beinin se Intifada: The Palestinian uprising against Israeli occupation (1990). 6 Meer hieroor kan op die webwerf van die Verenigde Nasies gelees word: https://www.ochaopt.org 7 Sien ook William Brinner en Moses Rischin, Like all the nations? The life and legacy of Judah L. Magnes (1987). 8 Dit is belangrik om hier aan te toon dat die Jode Judaïsme as 'n kulturele en sosiale identiteit verstaan wat nie noodwendig 'n geloof insluit nie. Die meeste Jode is nie gelowig nie. 9 Vir verdere inligting oor die Israeli's se vergrype, is die volgende twee bronne veral insiggewend: Susan M. Akram et al., International law and the Israeli-Palestinian conflict: A rights-based approach to Middle East peace (2011). Deur die lens van internasionale wetgewing en geregtigheid, verwerp hierdie boek die mite dat wetgewing nie bruikbaar kan wees in die aanspreek en oplos van hierdie konflik nie. Verskeie kundiges gee 'n in-diepte analise van sleutelkwessies wat in hoofstroombesprekings rakende hierdie konflik dikwels gemarginaliseer word. Neil Caplan, The Israeli-Palestinian conflict: Contested histories (2010) bied 'n insiggewende en waardevolle oorsig van die kwessies wat die afgelope 130 jaar die onopgeloste Israeli-Palestynse konflik gekarakteriseer en gedefinieer het. 10 Lees meer hieroor onder andere by: https://bdsmovement.net/what-is-bds
<urn:uuid:c365c26b-e075-4faf-a1d7-962afe909900>
CC-MAIN-2019-30
http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512018000300004&lng=en&nrm=iso&tlng=en
2019-07-21T12:38:25Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527000.10/warc/CC-MAIN-20190721123414-20190721145414-00034.warc.gz
by
4.0
a_tag
false
false
{ "abbr": [ "by", "by" ], "in_footer": [ false, false ], "in_head": [ false, false ], "location": [ "a_tag", "a_tag" ], "version": [ "4.0", "4.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999613
false
Bolsjoi-teater Bolsjoi-teater | | ---|---| Die Bolsjoi-teater in 2012. Plaaslike naam | Большой театр | Ligging | Teaterplein (Театральная площадь) | Stad | Moskou, Rusland | Argitek | Joseph Bové | Geopen | 1825 | Webtuiste | www.bolshoi.ru | Die Bolsjoi-teater (Russies: Большо́й теа́тр, "Groot Teater") is ’n historiese teater in Moskou, Rusland, wat deur die argitek Joseph Bové ontwerp is. Dit word gebruik vir ballet- en opera-opvoerings. Voor die Russiese Rewolusie van 1917 was dit saam met die Mali-teater ("Klein Teater") in Moskou en ’n paar teaters in Sint Petersburg deel van die keiserlike teaters. Die Bolsjoi-ballet en -opera is van die oudste en beroemdste ballet- en operageselskappe in die wêreld. Dit is verreweg die grootste balletgeselskap, met meer as 200 dansers.[1] Die teater huisves die Bosjoi-teaterballetakademie, ’n wêreldbekende en vooraanstaande balletskool. Die hoofgebou, wat verskeie kere in sy geskiedenis herbou en gerestoureer is, is ’n landmerk in Moskou en Rusland; sy ikoniese neoklassieke fasade word op die Russiese 100-roebelnoot uitgebeeld. Die teater het op 28 Oktober 2011 heropen ná ’n uitgebreide opknapping wat ses jaar geduur het.[2] Dit het ingesluit die herstel van die akoestiek tot die oorspronklike gehalte (dit het in die Sowjettydperk verlore gegaan), sowel as die herstel van die oorspronklike keiserlike dekor.[2] Inhoud Geskiedenis[wysig | wysig bron] Oorsprong[wysig | wysig bron] Die geselskap is op 28 Maart 1776 gestig. Opvoerings is aanvanklik in ’n privaat huis gehou, maar die geselskap het die Petrofka-teater aangeskaf en op 30 Desember 1780 het dit toneelstukke en operas begin opvoer, en so is die teater gestig wat later die Bolsjoi sou word. ’n Brand het die Petrofka op 8 Oktober 1805 verwoes en dit is op 13 April 1808 deur die Nuwe Keiserlike Arbat-teater vervang. Dié het egter ook afgebrand tydens Frankryk se inval in Moskou in 1812. Die huidige teater is tussen 1821 en 1824 op Teaterplein gebou. Dit is ontwerp deur die argitek Andrei Michailof, wat ook in 1824 die nabygeleë Mali-teater gebou het. Die het op 18 Januarie 1825 sy deure geopen as die Bolsjoi Petrofski-teater. Aanvanklik is net Russiese stukke opgevoer, maar sedert omstreeks 1840 is die repertoire uitgebrei om buitelandse komponiste in te sluit. Restourasies[wysig | wysig bron] In 1843 is uitgebreide restourasiewerk aangepak volgens ’n ontwerp van A. Nikitin, maar ’n brand het in 1853 grootskaalse skade aangerig en die teater is weer gerestoureer. Dit het op 20 Augustus 1856 heropen. Nog herstelwerk is in 1896 gedoen. Op 7 Desember 1919 is die gebou herdoop tot die Staatsakademiese Bolsjoi-teater. Net ’n paar dae later, op 12 Desember, was daar ’n onsuksesvolle poging om die instelling heeltemal te sluit. Tussen 1921 en 1923 is nog herstelwerk gedoen. Tydens die Tweede Wêreldoorlog is die struktuur deur ’n bom beskadig, maar dit is gou herstel. ’n Nuwe verhoog is op 29 November 2002 in gebruik geneem, links van die teater se historiese hoofverhoog. Saam met buitegeboue – ’n gerestoureerde 17de-eeuse gebou, twee repetisiesale en ontspanningskamers vir kunstenaars – vorm dit nou ’n enkele teaterkompleks, die Bolsjoi-teater van Rusland. Van Julie 2005 tot Oktober 2011 was die teater vir herstelwerk gesluit. Dit het voorheen baie restourasies ondergaan, maar nie een was op so ’n groot skaal nie. Die gebou, met drie verskillende argitektoniese style, was beskadig en dringende herstelwerk was nodig. Ingenieurs het vasgestel 75% van die struktuur was onstabiel,[3] en die herstelkoste was eindelik veel meer as wat aanvanklik beplan is. Bedrae van tot $1,1 miljard is genoem.[4][5] Die federale regering het al die koste betaal.[6] Die restourasie het ingesluit die verbetering van die akoestiek tot die gehalte wat dit vermoedelik voor die Sowjettydperk gehad het,[7] en die herstel van die oorspronklike keiserlike dekor.[2] Die gebou se fondament en steenwerk is ook herstel. Binne is alles uitgehaal, van die 19de-eeuse houtwerk tot die silwer verhooggordyn en Franse rooi fluweelstoffering – en in spesiale werkwinkels herstel. Buite is die tweekop-arend, wat die oorspronklike Russiese wapen was, aan die bopunt van die fasade geïnstalleer op die plek waar die Sowjetse hamer en sekel dekades lank vertoon is. Eindelik het die Bolsjoi se deure op 28 Oktober 2011 geopen met ’n konsert deur internasionale kunstenaars, die ballet- en die operageselskap.[2] Ballet en opera[wysig | wysig bron] Die Bolsjoi is ’n repertoireteater, wat beteken dit gebruik ’n lys produksies, waarvan enigeen op ’n gegewe dag opgevoer kan word. Dit het gewoonlik elke seisoen twee tot vier nuwe ballet- of operaproduksies, en omtrent ewe veel ander. Die dekor en kostuums vir die meeste produksies word in die teater se eie werkwinkels gemaak. Die kunstenaars kom gewoonlik uit die Bolsjoi se ballet- en operageselskap, met soms ’n gaskunstenaar. Sedert die verbrokkeling van die Sowjetunie was daar al ’n paar pogings om die teater se tradisionele afhanklikheid van groot staatsubsidies te verklein. Korporatiewe borgskappe word soms gekry, maar die geselskap maak steeds hoofsaaklik op staatsgeld staat. Die Bolsjoi word van die begin af met veral ballet verbind. Tsjaikofski se Swanemeer het sy première op 4 Maart 1877 in die teater gehad. Ander produksies wat dikwels opgevoer word, is Tsjaikofski se Slapende Skoonheid en Die Neutkraker, Adam se Giselle en Prokofiëf se Romeo en Juliet. Ná Josef Stalin se dood het die geselskap internasionaal begin toer en ’n belangrike bron van kultuurprestige en buitelandse inkomste geword. Die naam Bolsjoi-ballet het dus ’n bekende naam in die Weste geword. Die geselskap het ná die Sowjettydperk bly toer.[8][9] Die operageselskap spesialiseer in klassieke Russiese stukke soos Moessorgski se Boris Godoenof, Glinka se ’n Lewe vir die tsaar en Rimski-Korsakof se Die tsaar se bruid, sowel as die operas van Tsjaikofski. Talle operas van buitelandse komponiste soos Rossini, Verdi en Puccini word ook opgevoer. Tot die middel 1990's is die meeste buitelandse operas in Russies gesing, maar in die afgelope jare word Italiaans en ander tale ook op die teater se verhoog gehoor. Baie operas, soos Borodin se Prins Igor, bevat tonele met tientalle sangers en dansers in kostuums wat saam op die verhoog is vir skare- en feestonele. Orkes[wysig | wysig bron] Die Bolsjoi se orkes is in eie reg ’n meesterlike ensemble. Dit hou soms simfoniekonserte in die teater en elders, en het ook al opnames gemaak. Oor die dekades het dit oorsee getoer as die Bolsjoi-teaterorkes, Bolsjoi-simfonieorkes en mees onlangs as die Bolsjoi-orkes. Verwysings[wysig | wysig bron] - Elder, Miriam (22 March 2011). "Bolshoi rocked by scandal and intrigue". The Guardian. Manchester. Besoek op 22 Mei 2017. - "Bolshoi Theatre to reopen after major refit", BBC News op bbc.co.uk, 28 Oktober 2011 - Van Gelder, Lawrence (4 Februarie 2008). "Saving Bolshoi Theater". The New York Times. Besoek op 22 Mei 2017. - Tabakov, Igor (27 Oktober 2011). "Bolshoi Theater to reopen after restoration". The Moscow Times. Besoek op 22 Mei 2017. - Beyer, Susanne; Bidder, Benjamin; Pyljow, Wladimir & Schepp, Matthias (30 Januarie 2013). "Jealousy and corruption rumors surround attack on Bolshoi director". Der Spiegel. Besoek op 22 Mei 2017. - Baldwin, Chris (31 Januarie 2008). "Bolshoi to reopen late in 2009 after rescue work". Reuters. - "The Theatre: Reconstruction". Bolsjoi-teater. Besoek op 22 Mei 2017. - "Today in History - September 18". World ofQuotes. Besoek op 22 Mei 2017. - (1 Oktober 1979) “Brouhaha at the Bolshoi”. Eksterne skakels[wysig | wysig bron] - Amptelike webtuiste van die Bolsjoi-teater ( ) - Bolsjoi-dansers van die verlede en hede; biografieë en foto's - Rekonstruksie van die Bolsjoi-teater; foto's - Die nuwe verhoog van die Bolsjoi; foto's - Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Bolsjoi-teater. - Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
<urn:uuid:2c4b6cb5-bd5f-421b-85a5-3cf7bab70199>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bolsjoi-teater
2019-07-22T18:42:07Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528208.76/warc/CC-MAIN-20190722180254-20190722202254-00194.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99997
false
28ste Dinastie van Egipte Heerser[wysig | wysig bron] Die 28ste Dinastie het net een heerser, Amyrteus, gehad wat afgestam het van die Saïs-konings van die 26ste Dinastie. Hy het ’n opstand teen die Persiese Ryk gelei ná die dood van Darius II. Geen monumente van sy bewind is ontdek nie en min is oor hom bekend. Farao | Bewind | |||||||||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Amyrteus | 404-398 v.C | Voorafgegaan deur ← 27ste Dinastie | 28ste Dinastie | Opgevolg deur 29ste Dinastie → |
<urn:uuid:6affe4c7-32a9-4b3b-a8fb-02bedb198a6f>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/28ste_Dinastie
2019-07-16T12:54:48Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524548.22/warc/CC-MAIN-20190716115717-20190716141717-00538.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999492
false
905 Jump to navigation Jump to search 905 | ◄ | 9de eeu | ◄10de eeu► | 11de eeu | ► | Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal | Sien ook: Kategorie:905 | Kalenders | | Die jaar 905 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 5de jaar van die 10de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
<urn:uuid:94ee1f68-4fc3-4e6f-911d-e778a45e4ff6>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/905
2019-07-16T13:02:03Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524548.22/warc/CC-MAIN-20190716115717-20190716141717-00538.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999872
false
Karl May Karl May | | Karl May in 1907 Geboortenaam | Karl Friedrich Mei | ---|---| Gebore | 25 Februarie 1842 Ernstthal, Sakse, Duitse Bond | Oorlede | 30 Maart 1912 (op 70) Radebeul, Sakse, Duitse Keiserryk | Nasionaliteit | Duitse Keiserryk | Ouers | Heinrich August May (vader) | Beroep | Skrywer | Huweliksmaat | Emma Pollmer (1880–1903; geskei) Klara May (1903–1912; sy dood) | Handtekening | Karl Friedrich Mei (* 25 Februarie 1842 in Ernstthal; † 30 Maart 1912 in Radebeul; eintlik Carl Friedrich Mei)[1] was 'n Duitse skrywer. Karl May was een van die mees produktiewe skrywers van avontuurromans. Hy is een van die mees gelese skrywers in Duits en volgens Unesco een van die mees vertaalde Duitse skrywers. Die globale sirkulasie van sy werk is op 200 miljoen kopieë beraam, waarvan 100 miljoen in Duitsland.[2] Voetnote en verwysings[wysig | wysig bron] - Die spelling van sy naam met C of K kan verklaar word deur die spelreëls wat eers gedurende sy lewe vasgelê is. - In Maart 2012.
<urn:uuid:27f8ad25-409e-4aab-8ba5-b4db1b78cc8b>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Karl_May
2019-07-16T12:33:44Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524548.22/warc/CC-MAIN-20190716115717-20190716141717-00538.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999856
false
Adolf Hitler Adolf Hitler | | Adolf Hitler in 1937 | | Führer van Nazi-Duitsland Ampstermyn 2 Augustus 1934 – 30 April 1945 | | Vise | Rudolf Hess (1933–1941) Posisie vakant | ---|---| Voorafgegaan deur | Paul von Hindenburg (as President) | Opgevolg deur | Karl Dönitz (as President) | Kanselier van Duitsland Ampstermyn 30 Januarie 1933 – 30 April 1945 | | Vise | Franz von Papen (1933–1934) Posisie vakant | President | Paul von Hindenburg (tot 1934) | Voorafgegaan deur | Kurt von Schleicher | Opgevolg deur | Joseph Goebbels | Reichsstatthalter van Pruise Ampstermyn 30 Januarie 1933 – 30 April 1945 | | Eerste minister | Franz von Papen Hermann Göring | Voorafgegaan deur | Amp geskep | Opgevolg deur | Amp afgeskaf | Persoonlike besonderhede Gebore | 20 April 1889 Braunau am Inn, Oostenryk-Hongarye | Sterf | 30 April 1945 Berlyn, Nazi-Duitsland | Politieke party | Nasionaal-Sosialistiese Duitse Arbeidersparty | Eggenoot/eggenote | Eva Braun (29–30 April 1945) | Handtekening | | Militêre Diens Lojaliteit | Duitse Keiserryk | Diens/Tak | Reichsheer | Jare in diens | 1914–1920 | Rang | Gefreiter | Eenheid | 16de Beierse Reserwe-Regiment | Oorloë/Veldslae | Eerste Wêreldoorlog | Toekennings | Yster Kruis (1ste en 2de klas) | Adolf Hitler (* 20 April 1889 in Braunau am Inn, Opper-Oostenryk, † 30 April 1945 in Berlyn) was 'n politikus wat tussen 1934 en 1945 leier van die gewilde Nasionaal-Sosialistiese Duitse Werkersparty (die Nazi-party) was. In die Eerste Wêreldoorlog was hy 'n Oostenrykse soldaat in die Beierse (Duitse) krygsmag. In 1925 het Hitler vrywillig afgesien van sy Oostenrykse burgerskap, en in 1932 is danksy die hulp van Rudolf Heß Duitse burgerskap aan hom toegestaan. Op 30 Januarie 1933 is hy ingesweer as kanselier van Duitsland en in 1934 het hy ook die titel Führer (leier) van Nazi-Duitsland bygekry. Hy het politieke voordeel getrek uit die ekonomiese krisis wat Duitsland tydens die Groot Depressie vanaf 1929/1930 deurgemaak het. Sy bedeling was verantwoordelik vir die dood van 'n beraamde twintig miljoen mense en ontelbaar baie se verskuiwing. Hitler, 'n begaafde spreker, word gesien as een van die invloedrykste en gevaarlikste leiers van die 20ste eeu. Hitler se pogings om die Duitse grondgebied deur politieke druk en militêre optrede uit te brei, wat begin het met die inname van Pole in 1939, was een van die aanleidende faktore van die Tweede Wêreldoorlog. Teen die einde van die oorlog het hy en sy gade Eva Braun in die Berlynse Führerbunker selfmoord gepleeg. Inhoud Herkoms en jong lewe[wysig | wysig bron] Hy is naby die Duits-Oostenrykse grens gebore as seun van Alois en Klara (née Pölzl) Hitler. Hy was baie skugter en kon daardeur nie goed presteer op die middelbare skool nie. In sy 16de lewensjaar het hy die skool sonder diploma verlaat. Loopbaan as leier van die Nazi-party[wysig | wysig bron] Hitler, wat vanaf Julie 1921 as voorsitter van die Nazi-party gedien het, het in November 1923 'n poging aangewend om die demokraties verkose regering van die Republiek van Weimar deur 'n staatsgreep vanuit Beiere omver te werp. Met die eerste boekdeel van sy verhandeling Mein Kampf, wat in 1925 gepubliseer is, het hy die grondslag vir die antisemitiese en rassistiese ideologie van die nasionaalsosialisme gelê. Op 30 Januarie 1933 is Hitler deur die Duitse rykspresident Paul von Hindenburg as rykskanselier benoem. Binne enkele maande het sy bewind, waarin naas nasionaalsosialiste ook ekstreemregse ministers van die Duits-Nasionale Volksparty verteenwoordig was, deur middel van terreur, noodtoestandswetgewing, wette oor gelykskakeling en verbode, wat op opposisionele partye en groeperings geplaas is, die pluralistiese demokratiese en federale regeringstelsel net soos die regstaatlike bedeling omvergewerp. Politieke teenstanders is in hegtenis geneem en in konsentrasiekampe aangehou, gemartel en vermoor. Ter geleentheid van die sogenaamde Röhm-staatsgreep het hy ook van potensiële mededingers binne sy eie partygeledere ontslae geraak. Hindenburg se afsterwe op 2 Augustus 1934 was vir Hitler 'n welkome geleentheid om die ampte van Rykskanselier en Rykspresident te verenig. Teen die Joodse bevolking in Duitsland is vanaf 1933 toenemend gediskrimineer. Duitse Jode is gaandeweg van hul burgerregte ontneem, veral deur die sogenaamde Neurenbergse Wette wat in September 1935 afgekondig is, en die pogroms van November 1938. Met sy bevele om die Duitse weermag te herbewapen en die Rynland te beset, het Hitler in 1936 bepalinge van die Verdrag van Versailles verbreek. Die Nasionaal-Sosialistiese propaganda het sy ekonomiese, sosiale en buitelandse beleid as 'n groot sukses voorgestel en sodoende tot en met 1939 sy enorme gewildheid onder groot dele van die Duitse bevolking verseker. In 1938 het Hitler homself tot opperbevelhebber van die weermag verklaar en Oostenryk se aansluiting by die Duitse Ryk bewerkstellig. Die München-ooreenkoms, wat op 30 September 1938 onderteken is en waarin ander Europese moondhede die inlywing van die Duitssprekende Sudeteland in Tsjeggo-Slowakye by die Duitse Ryk aanvaar het, het Hitler reeds op 15 Maart 1939 verbreek deur die res van Tsjeggo-Slowakye binne te val. Sy bevel om Pole in September 1939 binne te val het tot die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog in Europa gelei. Op 31 Julie 1940 het hy sy besluit om ook die Sowjetunie aan te val aan die opperkommando van die Duitse weermag bekend gemaak. Die oorlog teen die Sowjetunie, wat op 22 Junie 1941 begin het, het Hitler onder die skuilnaam Unternehmen Barbarossa as 'n vernietigingsveldtog beplan en gevoer om "lewensruimte" in die ooste te verower. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het die Duitse Nasionaal-Sosialiste en hul buitelandse ondersteuners ongekende massamisdade en volksmoorde gepleeg. Reeds in die somer van 1939 het Hitler die bevel gegee om die genadedood van volwassenes voor te berei. Tydens die sogenaamde Aktion T4 is tussen September 1939 en Augustus 1941 meer as 70 000 sielsiekes en geestelik en liggaamlik gestremdes stelselmatig vermoor. Ander vorme van Nasionaal-Sosialistiese genadedood het ten minste 190 000 mense se lewens geëis. In die Porajmos is na ramings tot 500 000 Sinti en Roma en in die Sjoa tussen 5,6 en 6,3 miljoen Jode vermoor. Hitler het persoonlik toestemming aan die belangrikste stappe van die Joodse volksmoord verleen en verslae oor die verloop daarvan aangevra.[1] Sy kriminele beleid en oorlogvoering het miljoene mense se lewens geëis, terwyl groot dele van Duitsland en Europa deur oorlog in puin gelê is. Dood[wysig | wysig bron] Hitler en sy vrou Eva Braun (met wie hy die vorige dag getroud is) het op 30 April 1945 selfmoord gepleeg in die bomskuiling geleë onder die Duitse kanseliergebou. Hitler het versoek dat die oorblywende bomskuilers sy en Eva se liggame neem en buite in die kanseliertuin verbrand. Hitler wou nie hê sy liggaam moes soos 'n tentoonstelling vertoon word nie. Sonder 'n liggaam om uit te ken het gerugte vinnig die rondte gedoen dat Hitler ontsnap het. Van so ver af as Suid-Amerika het mense hom "gesien". Eers in 2000 het Rusland onthul dat hulle 'n fragment van sy skedel gebêre het. Sien ook[wysig | wysig bron] Verwysings[wysig | wysig bron] - Ian Kershaw: Adolf Hitler und die Realisierung der nationalsozialistischen Rassenutopie. In: Wolfgang Hardtwig: Utopie und politische Herrschaft im Europa der Zwischenkriegszeit. München: Oldenbourg 2003, bl. 143 Eksterne skakels[wysig | wysig bron] Wikiquote bevat aanhalings in verband met Adolf Hitler | - Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Adolf Hitler. - Mondo Politico biblioteek se aanbieding van Adolf Hitler se boek, Mein Kampf (volle teks, geformatteer vir lees op 'n skerm)
<urn:uuid:b2862643-2267-4a81-9e3c-23fce079473f>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Hitler
2019-07-17T19:03:49Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525374.43/warc/CC-MAIN-20190717181736-20190717203736-00138.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999947
false
Mutunus Tutunus Mutunus Tutunus of Mutinus Titinus was in die Romeinse mitologie ’n falliese huweliksgod wat soms met Priapus vergelyk word. Sy tempel was op die heuwel Velia, glo van die stigting van Rome tot die in 1ste eeu v.C. In rituele voor die huwelik was Romeinse bruide veronderstel om op Mutunus se fallus te gaan sit om hulle vir seksuele omgang voor te berei, volgens die kerkvaders wat die daad beskou het as ’n vulgêre manier om iemand se maagdelikheid te verloor.[1] Die Christelike apologeet Arnobius het vertel hoe Romeinse vroue vir ’n rit (inequitare) geneem is op Tutunus se "aaklige fallus" met sy "enorme skandalige dele".[2] Volgens ander bronne is die bruide egter so geleer om nie verleë te wees oor seks nie.[3] Die 2de-eeuse grammatikus Festus is die enigste Latynse bron wat notisie van die god neem, en die kerkvaders was waarskynlik vyandiggesind of bevooroordeeld in hul beskrywings.[4] Etimologie[wysig | wysig bron] Anders as Priapus, wat in menslike vorm en met ’n groot ereksie uitgebeeld is, lyk dit of Mutunus slegs as ’n fallus, soos die fascinus, voorgestel is. Sy naam kom waarskynlik van twee min gebruikte slengwoorde vir penis in Latyn, muto (of mutto) en mutonium.[5] Lucilius se gebruik van die woord is die eerste aangetekende geval: at laeva lacrimas muttoni[6] absterget amica ("’n Meisie vee Mutto se trane af – sy linkerhand, met ander woorde"),[7] Die afgeleide vorm, mutonium, het dalk die vroeëre vorm vervang, want dit is later in die graffiti van Pompeji gebruik.[8] Mutuniatus word deur Martialis en in die Corpus Priapeorum gebruik[9] om ’n "welbedeelde man" te beskryf.[10] Albei dele van die naam Mutunus Tutunus is verdubbelend; Titinus is dalk afgelei van titus, nog ’n slengwoord vir penis.[11] Verwysings[wysig | wysig bron] - H.J. Rose, The Roman Questions of Plutarch: A New Translation (Oxford: Clarendon Press, 1924, herdruk 1974), p. 84 online. - Arnobius, Adversus nationes 4.7 (sien ook 4.11). - Lactantius, Divinarum Institutionum 1.20.36 - Ronald Syme, The Augustan Aristocracy (Oxford University Press, 1989), p. 6, nota 37; W.H. Parker, Priapea: Poems for a Phallic God (Routledge, 1988), p. 135 online - J.N. Adams, The Latin Sexual Vocabulary (Johns Hopkins University Press, 1982, 1990), p. 62 online. - Muttōni is die datief van muttō. - Lucilius 307 en 959. Kirk Freundenburg het die muttō van Lucilius "duidelik die mins kieskeurige van alle verpersoonlikte penisse in Romeinse satite" genoem: Satires of Rome: Threatening Poses from Lucilius to Juvenal (Cambridge University Press, 2001), p. 205 online. Die Romeine het die linkerhand verkies om te masturbeer; sien Antonio Varone, Erotica pompeiana: Love Inscriptions on the Walls of Pompeii («L'Erma» di Bretschneider, 2002), p. 95 online. - CIL IV.1939, 1940. - Martialis, Epigramme 3.73.1 en 11.63.2; Corpus Priapeorum 52.10. - Craig Arthur Williams, Roman Homosexuality: Ideologies of Masculinity in Classical Antiquity (Oxford University Press, 1990), p. 92 online. - Adams, Latin Sexual Vocabulary, p. 32.
<urn:uuid:14b2f4dc-b987-42f5-9caa-18e2a06ad122>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Mutunus_Tutunus
2019-07-17T19:26:35Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525374.43/warc/CC-MAIN-20190717181736-20190717203736-00138.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998666
false
Ou Merensky-biblioteek Geskiedenis[wysig | wysig bron] In 1933 het die Universiteit van Pretoria besluit om 'n nuwe gebou op te rig om 'n biblioteek te huisves. Met 'n bydrae van £10 000 van dr. Hans Merensky, myngeoloog, het die konstruksie van die gebou, wat deur Gerard Moerdijk ontwerp is, in 1937 begin. Generaal Jan Smuts het die hoeksteen op 11 Oktober 1937 gelê en op 15 April 1938, vir die eeufeesherdenking van die Groot Trek, is die gebou amptelik geopen.[1] Kulturele erfenis[wysig | wysig bron] Die Ou Merensky-biblioteek is op 31 Augustus 1990 deur Theodorus Gerhardus Alant, adjunkminister van nasionale onderwys, as 'n nasionale monument verklaar en word beskerm as 'n provinsiale erfenisterrein ingevolge die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne (25/1999).[2] Verwysings[wysig | wysig bron] - Merensky Library – artefacts.co.za, besoek op 18 Mei 2012 - Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap – Item: 29965, besoek op 18 Mei 2012
<urn:uuid:865eed58-b92c-40e9-9a04-e88c4390b83b>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Ou_Merensky_Biblioteek
2019-07-17T18:57:05Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525374.43/warc/CC-MAIN-20190717181736-20190717203736-00138.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999955
false
Sjabloon:Inligtingskas/doc Jump to navigation Jump to search Hierdie is 'n {{dokumentasie}}-bladsy vir Sjabloon:Inligtingskas. Dit bevat gebruiksinligting, kategorieë en ander inhoud wat nie deel is van die oorspronklike sjabloonbladsy nie. |
<urn:uuid:69715c03-fbaf-44ed-8268-8f3b0c196123>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Sjabloon:Inligtingskas/doc
2019-07-17T19:19:38Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525374.43/warc/CC-MAIN-20190717181736-20190717203736-00138.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999915
false
Vertoon 'n samestelling van alle boekstawings van Wikipedia. U kan die resultate vernou deur 'n boekstaaftipe, gebruikersnaam (kas-sensitief) of spesifieke blad (ook kas-sensitief) te kies.
<urn:uuid:197de567-4c79-4580-bf14-238314625dea>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Logboek/Lycaon
2019-07-17T18:42:04Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525374.43/warc/CC-MAIN-20190717181736-20190717203736-00138.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.996149
false
Jupiter - Hierdie artikel handel oor die planeet Jupiter. Vir ander betekenisse van die naam, sien Jupiter (dubbelsinnig). Jupiter is vanaf die son gesien die vyfde en tewens grootste planeet van ons sonnestelsel. Nes Saturnus is Jupiter 'n gasreus en het dus nie 'n vaste oppervlakte nie. Die planeet is vernoem na die Romeinse god Jupiter. Jupiter, soos waargeneem deur die Cassini-Huygens-wenteltuig op 7 Desember 2000. | |||||||||| Wentelbaaneienskappe | |||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Epog J2000 | |||||||||| Afelium | 816,520,800 km 5,458104 AE | ||||||||| Perihelium | 740,573,600 km 4,950429 AE | ||||||||| Semihoofas | 778,547,200 km 5,204267 AE | ||||||||| Wentelperiode | 4 332,59 dae 11,8618 jare 10 475,8 Jupiter solar dae | ||||||||| Sinodiese periode | 398,88 dae[1] | ||||||||| Gem. omwentelingspoed | 13,07 km/s[1] | ||||||||| Hellingshoek | 1,305° (tot Ekliptika) 6,09° (tot die son se ewenaar) 0,32° (tot onveranderbare vlakte)[2] | ||||||||| Lengteligging van stygende nodus | 100,492° | ||||||||| Periheliumhoek | 275,066° | ||||||||| Natuurlike satelliete | 67[1] | ||||||||| Fisiese eienskappe Radius by ewenaar | 71,492 ± 4 km (11,209 Aardes) | ||||||||| Radius na pole | 66,854 ± 10 km (10,517 Aardes) | ||||||||| Oppervlakte | 6,1419×1010 km2[3] (121,9 Aardes) | ||||||||| Volume | 1,4313×1015 km3[1] (1321,3 Aardes) | ||||||||| Massa | 1,8986×1027 kg[1] (317,8 Aardes) (1/1047 Sonne)[4] | ||||||||| Gem. digtheid | 1,326 g/cm3[1] | ||||||||| Oppervlak- aantrekkingskrag | 24,79 m/s2[1] 2,528 g | ||||||||| Ontsnapping- snelheid | 59,5 km/s[1] | ||||||||| Sideriese rotasieperiode | 9,925 h[5] (9 h 55 m 30 s) | ||||||||| Rotasiespoed by ewenaar | 12,6 km/s 45 300 km/h | ||||||||| Ashelling | 3,13°[1] | ||||||||| Regte styging van noordpool | 268,057° (17 h 52 min 14 s) | ||||||||| Deklinasie | 64,496° | ||||||||| 0,343 (geometries) 0,52 (Bond)[1] | |||||||||| Oppervlak-temp. 1 bar level 0,1 bar | Skynmagnitude | -1,6 tot -2,94[1] | ||||||||| Hoekgrootte | 29,8" — 50,1"[1] | ||||||||| Atmosfeer | |||||||||| Oppervlakdruk | 20–200 kPa[6] | ||||||||| Samestelling | 89,8±2,0% Waterstof 0,0004% Water | Inhoud SamestellingWysig Die kern van Jupiter het 'n deursnee van 14 000 km en bestaan deels uit nikkel-yster ('n mengsel van sowat 90% yster en ca. 8% nikkel) en deels uit klip, en het 'n temperatuur van 25 000 K. Daar om is 'n ongeveer 40 000 km dik laag van metaal-waterstof (90%) en helium (10%). Hierdie laag word deur 'n relatief dun oorgangslaag geskei van die buitenste laag van vloeibare molekulêre waterstof wat 'n dikte van 20 000 km het waar die temperatuur en druk na binne toe toeneem. Behalwe waterstof en helium kom in laer konsentrasies ook metaan, etaan en koolstofdioksied voor. Normaalweg absorbeer planete lig van die son en straal weer eweveel energie uit na die ruimte in die vorm van hitte. Infrarooimetings dui egter an dat Jupiter twee maal soveel energie uitstraal as wat dit absorbeer. Hierdie ekstra energie is vermoedelik 'n oorblyfsel uit die tyd toe Jupiter gevorm is. 'n Ander moontlike verklaring vir die verskynsel is dat die stadige digterwording van Jupiter onder invloed van sy eie swaartekrag met uitstraling van hitte gepaard gaan. Jupiter is vroeër ook 'n mislukte ster genoem. Maar die planeet is te klein vir 'n bruin dwerg. Vir 'n bruin dwerg moet daar ten minste 13 keer die massa van Jupiter wees. As die massa so 'n 100 maal groter was as wat nou die geval is, sou daar kernfusie plaasgevind het waarvolgens waterstof en helium omgesit word in energie en dan sou Jupiter 'n ster gewees het. AtmosfeerWysig Aangesien Jupiter geen vaste oppervlakte het, is die grens met die atmosfeer moeilik om weertegee. Meestal word die hoogte waarop die druk 1 bar is as verwysingspunt geneem. Die atmosfeer van Jupiter bestaan hoofsaaklik uit waterstof en helium. Ander gasse wat aangetref word is metaan, ammoniak, waterstofdeuteried, etaan en waterdamp. Waterstoffosfied, waterstofsulfied en ammoniumhidrosulfied kom slegs sporadies voor. Hierdie gasse is verantwoordelik vir die rooi, bruin en wit wolke. Die digtheid en die lae temperatuur sorg daarvoor dat die atmosfeer van Jupiter meer soos 'n vloeistof eerder as 'n gas optree. Die vele storme in die atmosfeer word vermoedelik veroorsaak deur die hoë temperatuur in die kern van die planeet en die vinnige rotasiespoed. Die groot rooi vlekWysig - Hoofartikel: Groot Rooi Vlek. Een van die mees opvallende eienaardighede van Jupiter is die Groot Rooi Vlek effens suid van die ewenaar. Die vlek word veroorsaak deur 'n sikloon wat al minstens 300 jaar duur. Sedert die eerste waarnemings in die begin van die 18de eeu het die vlek in omvang afgeneem. In vergelyking met 100 jaar gelede het die vlek teen 2000 in grootte gehalveer. Dit is nie bekend of dit veroorsaak word deur skommelinge en of die vlek ooit volledig sal verdwyn nie. Inslag van komeet Shoemaker-Levy 9Wysig Tussen 16 en 22 Julie 1994 stort 21 fragmente van die komeet Shoemaker-Levy 9 op die suidelike halfrond van Jupiter neer. Dit was die eerste keer dat botsings tussen hemelligame direk waargeneem is. Daar kan verwag word dat as gevolg van die groot omvang, massa en swaartekrag van Jupiter die soort botsings veel gereelder sal voorkom. Natuurlike satelliete en ringe rondom JupiterWysig Teen Mei 2001 was daar ongeveer 28 mane rondom Jupiter bekend, waaronder Io, Europa, Ganimedes en Kallisto. Later is daar met behulp van nuwe tegnieke en verbeterde apparatuur nog 'n groot aantal ander mane ontdek en teen 2004 is daar 63 voorwerpe geïdentifiseer. 'n Volledig oorsig hiervan is te vinde in die lys van mane van Jupiter. Rondom Jupiter word ook 'n aantal dun ringe wat uit stof- en ysdeeltjies bestaan aangetref. Die binnenste ring, genaamd 1979 J1R, het vermoedelik ontstaan uit losgeraakte materiaal van die mane Metis en Adrastea na inslae deur meteoriete. 1979 J1R lê op 'n afstand van 110 000 km van die middelpunt van Jupiter en is 22 000 km breed. Nog verder na buite lê nog twee ringe (1979 J2R en 1979 J3R) op 'n afstand van onderskeidelik 125 000 en 170 000 km. Van die buitenste ring word aangeneem dat dit ontstaan het uit interplanetêre stof. Die bestaan van die ringe is eers in 1979 bevestig en is veel kleiner as die ringe van Saturnus. FunksieWysig Jupiter vervul 'n belangrike funksie binne die sonnestelsel. Omdat dit swaarder is as al die ander planete tesame is dit 'n belangrike onderdeel van die massa-ewewig van die sonnestelsel. Deur sy gewig stabiliseer Jupiter die asteroïdegordel; sonder Jupiter sou daar elke 100 000 jaar 'n asteroïde uit die asteroïdegordel die aarde tref en sodoende lewe op aarde so ernstig belemmer het dat lewe nie moontlik sou wees nie. Daar word tans vermoed dat die aanwesigheid van 'n Jupiteragtige planeet 'n voorwaarde kan wees vir die aanwesigheid van lewe in 'n sonnestelsel. VerkenningWysig Vanaf die Aarde is Jupiter gereeld met die blote oog sigbaar as 'n helder "ster". In 1610 ontdek Galileo Galilei met 'n teleskoop die vier grootste mane van Jupiter – nou bekend as die Galileïse mane. Sedert die begin van die jare '70 is daar verskeie verkenningsvlugte na Jupiter uitgevoer. Pioneer 10Wysig Pioneer 10 was die eerste ruimtesending na Jupiter en is op 3 Maart 1972 gelanseer. Op 3 Desember 1973 skuur Pioneer 10 op 'n afstand van 130 000 km langs Jupiter verby en stuur die eerste detailopnames na die Aarde. VoyagerWysig In die winter (Suidelike halfrond) van 1977 word Voyager 1 en Voyager 2 kort na mekaar gelanseer. In 1979 het beide Voyagers baie foto's en inligting oor Jupiter en die mane opgelewer, onder andere oor vulkaan aktiwiteit op die maan Io. GalileoWysig Op 18 Oktober 1989 word die Galileo ruimtetuig vanaf Cape Canaveral gelanseer om die mane van Jupiter en die planeet self te bestudeer. Galileo was die eerste sending wat in plaas van verby te vlieg in 'n baan om Jupiter gebring sou word en dit uitgevoerig sou bestudeer. Na 'n reis van ses jaar en ondanks probleme met die antenne, het Galileo ruim 14 000 foto's geneem. Galileo het Jupiter bestudeer van Desember 1995 tot September 2003 en het gedurende die tydperk 'n skat van nuwe insigte versamel. Cassini-HuygensWysig Op 15 Oktober 1997 word die Cassini-Huygens ruimtetuig gelanseer om via Venus, Aarde en Jupiter uiteindelik Saturnus te besoek. In Desember 2000 gaan Cassini by Jupiter verby en neem foto's met 'n veel hoër resolusie as sy voorgangers. Die gesamentlike aanwesigheid van Galileo en Cassini het dit moontlik gemaak om enkele ekstra eksperimente uit te voer. New HorizonsWysig New Horizons is 'n sending na Pluto wat op 19 Januarie 2006 gelanseer is om in 2015 Pluto te bereik. Om die vlug te bespoedig is daar in Februarie 2007 van die aantrekkingskrag van Jupiter gebruik gemaak. Hiertydens kon Jupiter vir ongeveer vier maande uitgebreid waargeneem word. VerwysingsWysig - ( Williams, Dr. David R. (16 November 2004). ) "Jupiter Fact Sheet". NASA. Besoek op 2007-08-08. - ( ) "The MeanPlane (Invariable plane) of the Solar System passing through the barycenter". 2009-04-03. Besoek op 2009-04-10. (geprodusier met Solex 10 geskryf van Aldo Vitagliano) - ( ) "Solar System Exploration: Jupiter: Facts & Figures". NASA. 7 Mei 2008. - ( ) "Astrodynamic Constants". JPL Solar System Dynamics. 2009-02-27. Besoek op 2007-08-08. - ( Seidelmann, P. K.; Abalakin, V. K.; Bursa, M.; Davies, M. E.; de Burgh, C.; Lieske, J. H.; Oberst, J.; Simon, J. L.; Standish, E. M.; Stooke, P.; Thomas, P. C. (2001). ) "Report of the IAU/IAG Working Group on Cartographic Coordinates and Rotational Elements of the Planets and Satellites: 2000". HNSKY Planetarium Program. Besoek op 2007-02-02. - ( Anonymous (March 1983). “ ) Probe Nephelometer”. Galileo Messenger (6). Besoek op 2007-02-12. Eksterne skakelsWysig Wikimedia Commons bevat media in verband met Jupiter. | Die Sonnestelsel | ---| Son • Mercurius • Venus • Aarde • Mars • Ceres • Jupiter • Saturnus • Uranus • Neptunus • Pluto • Haumea • Makemake • Eris | Mane: Aarde • Mars • Asteroïdies • Jupiter • Saturnus • Uranus • Neptunus • Pluto • Haumea • Eris • Ringe: Jupiter • Saturnus • Uranus • Neptunus | Planete • Dwergplanete • Kleinplanete Meteoroïdes • Asteroïdes • Asteroïdegordel • Sentoure • Trans-Neptunus-voorwerpe • Kuipergordel • Verstrooide skyf • Komete • Hillswolk • Oortwolk |
<urn:uuid:4b389b9d-d732-4dde-b40c-6fd9b63fc44a>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Jupiter
2019-07-18T23:58:59Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525863.49/warc/CC-MAIN-20190718231656-20190719013656-00298.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999539
false
1777 Jump to navigation Jump to search 1777 | ◄ | 17de eeu | ◄18de eeu► | 19de eeu | ► | Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal | Sien ook: Kategorie:1777 | Kalenders | | Kiritimati | | Die jaar 1777 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 77ste jaar van die 18de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. Gebeure[wysig | wysig bron] - 16 April – In die Slag van Bennington tydens die Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog wen Ethan Allen se Green Mountain Boys teen Groot-Brittanje in Vermont. - 14 Junie – Die Stars and Stripes word die vlag van die VSA. - 23 Junie – Pous Pius VI stel agt nuwe kardinale aan waaronder Bernardino Honorati, titulêr aartsbiskop van Side. - 6 Julie – Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog: Die Britse generaal John Burgoyne verower fort Ticonderoga. - 17 Oktober – Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog: Die Koloniale magte oorwin die Britte tydens die Slag van Saratoga. - 9 Desember – Pous Pius VI publiseer sy bul Suprema Dispositione oor die hoogste ingesteldheid. - 17 Desember – Frankryk word die eerste nasie wat die Verenigde State van Amerika as nasie erken. - 24 Desember – Kersfeeseiland (Kiritimati), die oudste atol in die wêreld, word deur Kaptein James Cook besoek. Geboortes[wysig | wysig bron] - Heinrich von Kleist, Duitse digter († 1811). - 30 April – Carl Friedrich Gauss, wiskundige, astronoom († 1855) - 24 Junie – John Ross, ontdekkingsreisiger († 1856). - 23 Julie – Philipp Otto Runge, Duitse Romantiese skilder († 1810). - 14 Augustus – Hans Christian Oersted, Deense fisikus († 1851) - 18 Oktober – Heinrich von Kleist, Duitse dramatikus, verhaalskrywer, lirikus en publisis († 1811). - 23 Desember – Aleksander I van Rusland, tsaar van Rusland († 1801)
<urn:uuid:5db4829d-aa6d-4418-a46e-1cbf54ed7f1d>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/1777
2019-07-20T05:28:25Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526446.61/warc/CC-MAIN-20190720045157-20190720071157-00458.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999553
false
D.F. Malherbe Prof. Daniël François Malherbe (*28 Mei 1881 – †12 April 1969) was ’n bekende Afrikaanse digter, dramaturg en romanskrywer. Hy is algemeen as D.F. Malherbe bekend en word veral onthou vir sy prosa asook Vergeet niet, wat as die eerste roman met artistieke waarde in Afrikaans beskou word.[1] D.F. Malherbe | | D.F. Malherbe Geboortenaam | Daniël François Malherbe | ---|---| Gebore | 28 Mei 1881 Daljosafat | Oorlede | 12 April 1969 (op 87) Bloemfontein | Blyplek | Bloemfontein | Burgerskap | Suid-Afrikaans | Nasionaliteit | Suid-Afrikaans | Vakgebied | Tale (Afrikaans) | Instelling(s) | Universiteit van die Oranje-Vrystaat | Alma mater | Victoria-kollege Universiteit van Halle Universiteit van Freiburg | Toekennings | Verskeie Hertzogpryse | Inhoud BiografieWysig HerkomsWysig Kampvegter vir AfrikaansWysig Na sy studies aan die Victoria-kollege op Stellenbosch en die universiteite Halle en Freiburg in Duitsland, waar hy in 1905 promoveer op ’n proefskrif oor Das Fremdword im Reformationszeitalter, word hy lektor aan die Hugenote-Seminarie op Wellington. In Wellington lewer hy in Oktober 1906 in sy rede “Is Afrikaans ’n dialekt?”, ’n wetenskaplik gemotiveerde pleidooi vir die erkenning van Afrikaans.[1] In 1907 het hy deel aan die stigting van die Afrikaanse Taalvereniging in Kaapstad en die uitbreiding daarvan oor die hele Kaapkolonie. Hy is in 1910 as professor in Moderne Tale aan die Grey-Universiteitskollege in Bloemfontein aangestel. In 1918 word hy die eerste professor in Afrikaans. Hy het ook ’n rol gespeel in die invoer van Afrikaans as voertaal in die Vrystaatse skole. Malherbe dien van 1929 tot 1934 en weer in 1941 as rektor van die Grey-Universiteitskollege. As akademikus tree hy op as adviseur vir die vertalers van die Bybel in Afrikaans en ook in verband met die vertaling van die Nederlandse Gesange. As een van die grootste kampvegters van Afrikaans het hy woordelyste, spreekwoorde en baie ander stof versamel. Hy was die redakteur van die Tydskrif Vir Wetenskap en Kuns en ’n mede-outeur van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls. SkrywerWysig Hy het ook verskeie dramas en historiese romans geskryf. Sy Bybelse romans, Die Hart van Moab (1933), Saul die worstelheld (1935), en Die profeet (1937) het ’n parallel tussen die Afrikaners en die Israeliete van die Ou Testament getrek. Sy prosa word gekenmerk deur romantiese verheerliking van die arbeid. In sy belangrikste romans behandel hy stof uit die vaderlandse verlede, die mens in sy verbondenheid aan die natuur en grepe uit die Ou Testament. Op die gebied van drama publiseer hy van 1921 tot 1959 19 stukke, waarvan sommige verwerkings van sy romans is. Van sy drama's het ’n paar met Bybeltemas, soos Amrach die tollenaar (1935) en Moeder en seun (1945) die bekendste geword. Sy werke het meer literêr-historiese kunswaarde. As mens is hy volkome toegewyd aan sy volk en taal, met ’n kinderlike vertroue op God. Hy is ’n besielende openbare redenaar wat verskeie kere as geleentheidspreker by feeste en ander funksies optree. Hy is drie kere getroud. Sy eerste vrou is Mynie Mostert van die Paarl en hulle het vyf kinders, drie dogters naamlik Helene, Sonja en Elsa, en die twee seuns Pietie en Willie. Na sy eerste vrou se dood trou hy met Louisa (Lulu) Blignaut, wat eers getroud was met Willie Mostert, ’n broer van sy eerste vrou. Sy ontval hom na slegs ’n jaar en twee maande, waarna hy met die weduwee Ivy Lubbe van Pietersburg trou, wat hom oorleef. Malherbe is sowel op taalkundige as literêre terrein aktief deur sy lidmaatskap van die Taalkommissie, die Spellingkommissie (wat die eerste spelreëls in 1915 publiseer), redigering van die Tydskrif vir Wetenskap en Kuns vanaf 1922 tot 1939, advies aan die Bybelvertalers en aktiewe bystand met die beryming van die Gesange, resensies in heelparty tydskrifte, bloemlesings uit die Afrikaanse letterkunde, die versameling Afrikaanse spreekwoorde en verwante vorme (1926) en die publikasie van die eerste Afrikaanse Taalboek (1917). Vir die Tydskrif vir Wetenskap en Kuns, Die Brandwag, Nuwe Brandwag, Die Huisgenoot en verskeie dagblaaie lewer hy gereeld boekbesprekings en taal en letterkundige artikels. Op 12 April 1969 is hy in Bloemfontein aan ’n hartaanval oorlede.[2] Lewe en werkWysig OpleidingWysig Saam met onder andere A.G. Visser en Totius ontvang hy vanaf 1890 op negejarige ouderdom onderrig aan die Gedenkschool der Hugenoten, wat op sy geboorteplaas gevestig was, en groei op in die geestelike sfeer van die Patriotters. Hy woon in Januarie 1896 die Eerste Afrikaanse Taalkongres in die Paarlse stadsaal by. In 1896 slaag hy die standerd agt-eksamen (destyds die Skool Hoër-eksamen) aan die Gedenkschool der Hugenoten op Kleinbosch in Daljosafat en woon daarna vir twee jaar die Hoër Jongenskool in Wellington by, waar onderrig in Engels geskied. Op skool skryf hy die Taalbondeksamens met goeie gevolg. In 1898 slaag hy die matrikulasie-eksamen van die Universiteit van Kaap die Goeie Hoop en studeer dan vir ’n jaar aan Victoria-Kollege op Stellenbosch, waar hy die Intermediêre eksamen slaag. Op universiteit is hy ’n geesdriftige krieketspeler. Hierna gee hy vir twee en ’n halfjaar onderwys op Montagu. In September 1901 besluit hy om verder te studeer en hy keer terug na die Universiteit van die Kaap die Goeie Hoop, waar hy aan die einde van 1901 die derde klas-onderwyserseksamen slaag en in 1902 die B.A.-graad behaal. Oorsese studieWysig Sy vriende Abram Perold en Danie du Toit Malherbe vertrek aan die begin van 1902 na Duitsland vir verdere studie in Chemie, wat hom laat besluit om ook in Duitsland verder te studeer. Later in 1902 vertrek hy dan na Duitsland en studeer vanaf die begin van 1903 vir ’n jaar in Halle an der Saale, waar daar by sy aankoms ses Afrikaners is. Die minimum vereiste vir toelating tot die universiteit is vyf jaar Latyn en vyf jaar Grieks, maar hy het slegs Latyn op skool en universiteit geleer en nooit Grieks nie. Ná dae se mooipraat word eindelik aan hom toestemming verleen om in te skryf, maar slegs as spesiale vergunning. Sy begeerte om Vergelykende Taalkunde te bestudeer word gekniehalter deur sy gebrek aan toepaslike agtergrond en ook gebrekkige kennis van Duits en vir ’n jaar bestudeer hy dan Frans, Middel-Engels en Duits. In die vakansie besoek hy onder andere Parys, Lyon en Genève, waar hy ook spesiale kursusse volg. Omdat hy hoofsaaklik met sy landgenote omgaan, besef hy dat sy kennis van Duits só nooit voldoende sal ontwikkel nie en hy besluit dus om eerder weg te gaan en op sy eie verder te studeer. Vervolgens gaan hy dan na Freiburg im Breisgau, waar hy onder die blinde professor Friedrich Kluge verder in Taalkunde studeer, met hoofvak Duits en byvakke Frans en Engels. In 1906 promoveer hy magna cum laude in die Duitse taal en lettere met ’n proefskrif oor “Das Fremdwort im Reformationszeitalter”. Hierdie studie handel oor die vasstelling van die ouderdom van ’n woord en sy oorsprong asook Luther se standpunt teenoor die vreemde woord in sy Bybelvertaling. Dit gee ook ’n beeld van die groot instroming van vreemde woorde in Duits gedurende die eerste helfte van die sestiende eeu. Terwyl hy in Freiburg studeer spandeer president Steyn geruime tyd hier onder toesig van ’n Nederlandse arts en hy kuier dikwels by die president. Hiervandaan besoek hy ook gereeld die nabygeleë Switserland, spandeer tyd in Lyon om Frans te bestudeer en besoek ook die Skandinawiese lande. Begin van loopbaanWysig By sy terugkeer na Suid-Afrika in 1906 neem hy tydelik die B.A. Honneurs klas in Duits en Nederlands waar aan die Hugenote Universiteitskollege in Wellington. Hy word dan aangestel as skoolhoof op Carnarvon, ’n pos wat hy vanaf Januarie 1907 tot April 1909 beklee, in dieselfde tyd wat A.G. Visser geneesheer op die dorp is. In 1909 doseer hy vir die res van hierdie jaar tydelik op Stellenbosch as plaasvervanger vir dr. W.J. Viljoen, wat toe op sabbatsverlof was. In dieselfde jaar is hy ook ’n stigterslid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Hy is later vir twee termyne van twee jaar elk voorsitter van die Akademie, is lid en voorsitter van die Akademie se Taalkommissie en behartig ook vanaf 1923 tot 1939 die redaksie van die Akademie se Tydskrif vir Wetenskap en Kuns. Teen die einde van 1909 word ’n permanente pos as dosent in Frans en Duits aan die Universiteit Stellenbosch hom aangebied, maar hy wys eindelik hierdie aanbod van die hand. Hy word in 1910 benoem tot hoogleraar in moderne tale aan die Grey-Universiteitskollege te Bloemfontein, waar hy Nederlands, Duits en Frans doseer. In die termyn 1917–1918 is hy voorsitter van die Kollege-senaat. In 1921 word hy lid van die Maatschappij der Nederlandse Letterkunde te Leiden en vanaf 1937 is hy korresponderende buitelandse lid van die Deutsche Akademie te München. TaalstryderWysig Hy het ’n leidende aandeel aan die taalstryd, onder meer met die rede Is Afrikaans een dialekt? wat hy op 12 Oktober 1906 in die Goodnow Hall op Wellington voor ’n gehoor van ongeveer vyfhonderd belangstellendes hou. Met voorbeelde uit die verskillende Europese tale toon hy aan dat Afrikaans ’n selfstandige taal is wat die reg het om as skryftaal gebruik te word. Hierdie rede word dan vanaf 27 Oktober 1906 in vyf opeenvolgende aflewerings in De Volkstem gepubliseer. Op 3 November 1906 is hy ook in Kaapstad stigterslid en die eerste voorsitter van die Afrikaanse Taalvereniging, met die doel om Afrikaans as spreektaal en skryftaal erken te kry. Op 19 Desember 1906 woon hy die jaarlikse kongres van die Z.A. Onderwijsunie in Somerset-Strand by, waar die kongres besluit om ondersteuning te gee aan Afrikaans as spreektaal, maar hom nie uitspreek oor skryftaal nie. In tydskrifte soos De Unie en Ons Land verdedig Malherbe gereeld die waardigheid van die Afrikaanse taal, veral teen diegene wat ten gunste was van die behoud van Nederlands as volkstaal. Na sy vertrek na Carnarvon is hy steeds aktief betrokke in die taalstryd en is op 16 en 17 Desember 1907 in Kaapstad voorsitter van die Eerste Afrikaanse Taalkongres. Op hierdie kongres is ’n spellingkommissie aangestel, wat die volgende jaar verslag uitgebring het en wie se spelreëls in 1915 in hoofsaak nagevolg word deur die Suid-Afrikaanse Akademie. Na sy aankoms in Bloemfontein sluit Malherbe aan by die vereniging Onze Taal en word só aktief betrokke by die Vrystaatse Taalbeweging. Hy word in 1911 erevoorsitter van die Afrikaanse Studente Taalvereniging. Saam met ds. Willem Postma (Dr. O’Kulis) verander hy op 15 Junie 1914 die bewoording van die Vrystaatse Onderwysordonnansie sodat ook Afrikaans naas Nederlands onder die woord “huistaal” verstaan sou word, wat by die Provinsiale Raad aanvaar word en Afrikaans só tot skooltaal verhef. By die Grey-Universiteitskollege beywer hy hom dat Afrikaans as gebruikstaal aanvaar word en op 2 Augustus 1918 verskyn ’n kennisgewing in sy handskrif dat studente voortaan toegelaat sal word om al hulle eksamens in Afrikaans af te lê. Hy dien later ook op die Kottich-kommissie van ondersoek na die invoering van die tweede taal op skool. In 1916 word hy deur die Bybelvertalingkommisse van die drie Afrikaanse susterskerke aangewys as taaladviseur vir die paneel wat die Statebybel in Afrikaans moet vertaal. Die resultate van die eerste proewe van hierdie vertaling is egter teleurstellend en word gekritiseer dat dit nie Afrikaans is nie maar ook nie Nederlands nie. Hierdie paneel word dan ontbind en ’n besluit word geneem om die Bybel eerder uit die grondtale, Grieks en Hebreeus, te vertaal. In 1928 is hy stigter van die Afrikaanse Kultuurbond in Bloemfontein, wat later saamsmelt met die Helpmekaar-beweging. Hy dien dan as voorsitter van die Bloemfonteinse Helpmekaar-tak en van die plaaslike Skakelkomitee. Nadat die gebruik van Afrikaans op tersiêre vlak goedgekeur word, grootliks as gevolg van sy toedoen, word hy in 1918 aan die Grey-Universiteitskollege professor in Afrikaans, die eerste van sy soort in Suid-Afrika. Hy beklee hierdie leerstoel tot aan die begin van 1929 en weer van Junie 1934 tot met sy aftrede in 1941. Na die dood van Geo Hofmeyr is hy tydelik vir agt maande in 1928 en voltyds vanaf Januarie 1929 tot Mei 1934 rektor van hierdie universiteit. As taaladviseur speel hy ’n belangrike rol in die vertaling van die Bybel in Afrikaans en hy is ook lid van die kommissie vir die beryming van die Gesange in Afrikaans. Hy verdedig ten alle tye die Afrikaanse taal en kultuur en word in 1938 deur die rektor, R.B. Saayman, tydelik geskors oor wat hy sou gesê het in ’n toespraak aan ’n groep besoekende studente en bywoning van senaatvergaderings. Die redes vir sy skorsing lyk op die oog af na onbenullighede, maar was in werklikheid ’n resultaat van die botsing tussen twee opponerende denkrigtings op die kampus. Die een groep, verteenwoordig deur Malherbe, wou die universiteit in ’n Christelike en suiwer Afrikaanse rigting stuur, terwyl die ander groep ’n neutrale en tweetalige universiteit wou hê. Na oorweldigende steun deur die studente word die skorsing op 24 Augustus 1938 opgehef. Hy is in 1941 weer voorsitter van die senaat van die universiteit. In 1942 benoem die Raad van die Universiteitskollege van die Oranje-Vrystaat hom tot ereprofessor. Na sy aftrede vestig hy hom op die kleinhoewe Kleinbos op Estoire, ongeveer tien kilometer buite Bloemfontein. Hy het ook ’n strandhuis by Kleinmond wat hy Hans-die-Skipper noem, waar hy gereeld sy vakansies deurbring en baie van sy bekendste werke, soos Hans-die-skipper en Die meulenaar, geskryf het. SkryfwerkWysig ProsaWysig Sy belangrikste bydrae tot die letterkunde maak hy met sy prosa. Algemeen kenmerkend is die uitgesponne aard van sy skryfstyl, waardeur hy meermale op afdraaipaadjies afdwaal wat nie noodwendig stukrag verleen of ingebind word in die tematiek nie, en die filosofiese bepeinsing van eenvoudige karakters wat nie noodwendig oortuigend is van die karakter se innerlike nie en baie keer eerder aan die werklike outeur toegeskryf kan word. Hy is hoofsaaklik romantikus en dit doen gevolglik afbreuk aan sy werklikheidsbeelding, terwyl baie van sy werk ook in diens van ’n idee of boodskap staan, eerder as om die werklikheid weer te gee. Hierdie romantiese aard lei tot ’n doelbewuste poging tot “mooiskryf”, met mooiklinkende woorde wat dikwels die betekenis verdoesel eerder as verhelder. Die lewensuitkyk wat uit sy werke spreek is nasionalisties en patriargaal, met anderskleuriges en vroue wat implisiet as ondergeskik aan die blanke man geskets word. Dit is insiggewend om te sien hoe die waarde van sy prosa met tyd geleidelik deur kritici al hoe laer aangeslaan word, in vergelyking met die hoë lof wat aan hom toegeswaai is by die verskyning daarvan, wat tiperend is van ’n styl en beelding wat nie die toets van die tyd deurstaan het nie. Ten spyte van hierdie gebreke lewer hy tog belangwekkende werk in ’n aantal romans, al is hierdie werk slegs goed in onderdele en nooit as geheel nie. RomansWysig Vergeet nie is sy eerste roman. Dit beeld die Kaapse burgers uit wat tydens die Anglo-Boereoorlog as rebelle aan die kant van die Boere teen die Engelse veg. Die Du Pré-familie (oom Willem, tant Annie en Bettie) woon op die plaas Rietfontein naby die Karoodorpie Steenburg. Met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog gaan Bettie se verloofde, die dokter Piet Marais, saam met die Boere-ambulans na die oorlog. Bester, die beroemde rebelle-kommandant (wat ooreenkomste toon met Gideon Scheepers), kom met sy manskappe op Rietfontein aan en raak verlief op Bettie. Sy herhaalde besoeke aan Rietfontein bring die Du Pré-familie in die moeilikheid en oom Willem en Bettie word gearresteer, terwyl tant Annie vrygelaat word op parool. Piet Marais kry dit reg om ’n brief vir Bettie aan Bester te gee, maar deur sy poging om die brief aan Bettie te besorg, word Bester gevang en word hy ter dood veroordeel. In die tronk kry hy geleentheid om Bettie te vertel dat Piet nog leef. Kort na Bester se teregstelling keer Bettie en haar moeder weer terug na Rietfontein, terwyl oom Willem kort na sy aankoms in die kamp op Port Alfred beswyk. Na die vrede kom Piet terug om sy bruid te trou. Die titel van die roman verwys na oom Willem se oproep op sy sterfbed dat ons nie die pyn en seerkry moet vergeet nie. Vergeleke met tydgenootlike werk is die gebeure veel meer verantwoord en realisties. Die karakters is egter nog oppervlakkig geteken en hulle handelinge word nie altyd gemotiveerd weergegee nie, hoewel die figuur van Bettie sterker omlyn is. Die Boere word as hoofsaaklik goed en die Engelse as hoofsaaklik boos geteken. Die moontlikhede van die konflik van opponerende politieke standpunte in eie geledere word nie in-diepte ontgin nie. Die meulenaar is een van die eerste werklike plaasromans in Afrikaans, ’n genre wat later op verskeie wyses deur ’n groot aantal skrywers ontgin word. Die hoofkarakter is die meulenaar Faans, wat uitgebeeld word in sy arbeid en belewenisse op Meulkloof, ’n tipiese Bolandse wynplaas van vervloë jare. Tys Theron is die eienaar van Meulkloof en die pa van die mooi Leonore en Faans is die swaksinnige bywoner, wat net lewe vir die meule en hopeloos verlief is op Leonore. Tys moet die plaas op vendusie verkoop wanneer hy bankrot speel nadat hy vir sy broer borg geteken het, maar die slinkse prokureur Louw red ter elfder ure die plaas uit die hande van die skuldeisers om so ’n houvas op Leonore te verkry. Faans se jaloesie veroorsaak dat hy vir Louw aanrand, waarna die familie die plaas kwyt is. Ook Faans kom eindelik tot die besef dat hy nou die meule kwyt is en dat Leonore nie in hom belangstel nie. Op die laaste dag kry hy weer die meule aan die gang, maar word duiselig en sterf in die plek waarvoor hy geleef het. Faans se verwarde gemoedstemminge en gebrekkige insig word goed geteken en hy word een van die eerste lewende karakters in die Afrikaanse prosa. Sy geestelike vermoëns is egter te beperk om werklik ’n tragiese bewussyn te huisves, terwyl die ander karakters onoortuigend geteken word. Louw is die tipiese romanskurk wat eensydig boos is en Leonore bly die tipies romantiese maar vae figuur, terwyl Tys en sy vrou en hulle verhouding slegs op die agtergrond beweeg. Die sterkste karakter naas Faans is die bruin Velbaadjie, wie se astrante geaardheid en bekkigheid as komiese afwisseling dien. Hans-die-Skipper verteenwoordig ’n hoogtepunt in sy werk. Hier is Hans die vader wat wil hê dat sy enigste seun Johan in sy voetspore moet volg, soos die tradisie dit vereis. Hans se pa was ’n seekaptein en hyself het ’n oneindige liefde vir die see, maar ekonomiese werklikhede het veroorsaak dat hy ’n eenvoudige visser en sukkelaar op ’n stranddorpie is. Wanneer hy ’n nuwe skuit met die hulp van Meester aanskaf, doop hy die skuit “Johan” as sy visioen van die toekoms. Johan verafsku egter die visserslewe en wil ’n ander rigting inslaan, terwyl hy in sy verhouding met Lenie ’n simpatieke oor kry vir sy ambisies. In Johan se eerste vaart op die nuwe skuit is daar ’n groot storm, wat Johan finaal laat besluit dat die seelewe nie vir hom is nie en sy eerste vaart op die nuwe skuit is dan ook sy laaste. Die onvermydelike aanloop tot die konflik tussen vader en seun word met fyn sielkundige ontwikkeling geteken en dit loop uit op ’n dramatiese botsing, waarna Johan sy eie lewensrigting inslaan en sy loopbaan by die smedery begin. Hierdie botsing tussen vader en seun is nie slegs ’n generasie-konflik nie, hoewel dit ’n rol speel, maar is ook die algemeen menslike botsing van ideale. Beide vader en seun is besiel met ’n drang tot diens in arbeid maar op verskillende maniere en dit maak die botsing meer kompleks en ook meer tragies van aard. Hans jaag Johan weg, maar Johan se vertrek is die einde van Hans se drome en lei tot sy fisiese en emosionele agteruitgang, maar sorg ook vir groter insig by die karakters. Die newekarakters word in hierdie roman meer oortuigend uitgebeeld, terwyl die sentrale motief van arbeidsverheerliking telkens uit ’n ander hoek belig word. Lenie is ’n geslaagde vrouefiguur, terwyl Rooi-Koos ook nie die tradisionele romanskurk word nie, maar deur sy toewyding aan die werk en sy opregte liefde vir Lenie meer realisties gesien word. Meester is ’n geloofwaardige leier wat sentraal staan in die gemeenskap.[3][4] Hierdie is een van die eerste Afrikaanse romans wat verfilm word. Die Hertzogprys word in 1930 aan Hans-die-skipper toegeken. In 1935 wys die lesers van beide Die Burger en Die Volksblad in ’n peiling vir Hans-die-Skipper aan as die derde beste Afrikaanse prosawerk tot op daardie stadium. Loutervure se sentrale gedagte is dat volk en godsdiens ’n eenheid moet wees en dat die Afrikaner ’n Godgegewe roeping het om te vervul. ’n Jong Afrikaanse advokaat, Hendrik, se lotgevalle en stryd om met integriteit te lewe, vorm die verhaalinhoud. Hendrik vestig hom na afloop van sy studies in Holland in ’n plattelandse regspraktyk met ’n verengelste vennoot, Myburgh, wat sy taal verloën vir besigheid. Vol jeugdige geesdrif werp Hendrik hom dadelik in die kultuurstryd en kom daardeur in botsing met sy vennoot en die magistraat. Hendrik vind uit dat sy waardige vader, Piet Vaalplaas, sy huis laat afbrand het sodat hy die versekeringsgeld kon gebruik vir Hendrik se studies en sy kind sterf onverwags nadat hy hom met die motor omry. Na hierdie terugslae, of die titel se vure wat louter, keer hy terug na die ou paaie en bekeer hom weer tot sy geloof en God. Die roman beklemtoon dat kultuuropbou sonder godsdiens as fondament waardeloos is. Die didaktiese boodskap is hoofsaak in hierdie roman, met verskeie gebeurtenisse wat onvoldoende gemotiveer is en karakters wat eerder verteenwoordigend is van tipes as lewende mense.[5] BybelromansWysig Malherbe se trilogie van Bybelromans behandel grepe uit die geskiedenis van Israel, met die doel om dit as ’n spieëlbeeld vir die Afrikanervolk te wys en rigtinggewend te wees vir die bou en ontstaan van ’n volk. Hy wyk telkens af van die Bybelse gegewe wat as sentrale boustof vir sy verhale dien, sodat hy sy romanmotiewe dienstig kan wees. Die hart van Moab wys eer, wilskrag en doelgerigtheid uit as vernaamste lewensriglyne. Tussen die Moabiete en Hebreërs het daar ’n eeu-oue vete bestaan. Met wisselende sukses het hulle mekaar teengestaan, totdat die Hebreërs die groot Moabitiese koning, Eglon, op verraderlike wyse vermoor en sy leërmagte ’n beslissende neerlaag toegedien het (vgl. Rigters 3). Langsaam egter het die Moabiete weer op die been gekom en Azkar, ’n reusagtige Enakiet, word die draer van die nasionale wraakgedagte. Deur sy aansteeklike geesdrif slaag hy daarin om al die kragte van sy nasie te mobiliseer teen die erfvyand en in sy hart hoor hy “die onverwoesbare hartklop van Moab”. Azkar se grootse visioene van nasionale oorwinning en welvaart word egter wreed ontnugter deur die afvalligheid van die skone Ruth, dogter van die Moabitiese koning Eglon, vir wie hy lief is. Hy pleit egter tevergeefs by haar, want onder die invloed van Naomi het sy die ware God leer ken, en só afkerig geword van die heidense afgodediens dat sy ’n armoedige en onsekere bestaan in ’n vreemde land verkies het bo die hoogste eer in haar eie land. Azkar gaan na die land van die Hebreërs om Ruth met sy liefde terug te wen en om die sterkte van die vyand te verken. Op die bruilof van Boaz en Ruth word hy egter verneder en by sy terugkeer na Moab mobiliseer hy die leër vir die groot stryd teen die Hebreërs. Nog voor hy die sein vir die verenigde aanval op die Hebreërs kan gee, word ’n groot gedeelte van sy land oorrompel deur plunderende woestynhordes en Azkar en sy twee vernaamste hoofmanne sterf. Die aanhaling voor die titelblad is van belang vir volle begrip van die roman se boodskap: “Zou een volk kunnen geboren worden op eene eenige reize? Jes. 66:8”. Azkar het sy taak volbring, want hy het die Moabiete nasiebewus gemaak en hul vaderlandsliefde aangewakker. Al verdwyn hy van die toneel, en al word die vryheidsoorlog vertraag deur die onverwagte inval uit die woestyn, vroeër of later moet die stryd teen die Hebreërs losbars. Die hart van Moab word eervol vermeld tydens toekenning van die Hertzogprys vir 1933. Saul die worstelheld behandel die stryd teen afvalligheid, ambisie en aanbidding van die vreemde, soos dit uiting vind in die tragiese figuur van die eerste Israelse koning Saul en sy worsteling met God en God se uitverkore koning, naamlik Dawid. Saul se innerlike worstelstryd is die sentrale tema van die roman. Die roman begin na die oorlog teen Amalek, wat ’n krisismoment in die lewe van Saul was. Hoewel hy die Amalekiete verslaan het, was hy ongehoorsaam en het vir Agag, die koning van die Amalekiete, laat leef. Saul kom ook onder die invloed van Tirsa, die vrou van Agag, met wie hy trou. Tirsa se invloed gee ’n sielkundige motivering vir Saul se afvalligheid. Hy word verwerp as koning en die besef dat God hom verstoot het, laat hom in buie van sombere neerslagtigheid verval. Dawid, die sanger van Bethlehem, word gehaal om vir hom genesing vir sy siel te bring, maar Dawid is ’n getroue dienaar van God wat Saul sodoende telkens herinner aan sy eie afvalligheid. Eindelik, na vele wanhopige dade om in beheer te probeer bly, vergaan Saul op tragiese wyse. Hierdie roman word tussen Junie 1935 en November 1935 as Saterdag vervolgverhaal in Die Volksblad gepubliseer. In 1939 word die Hertzogprys vir Saul die worstelheld en Die profeet toegeken. Die Profeet behandel die stryd teen morele insinking en politieke valsheid en beeld die tragiese gevolge van verkeerde leiding uit. Hierdie roman verwerk die Bybelse gegewe van Jeremia in die tyd toe koning Sedekia ’n bondgenootskap wou sluit met die aartsvyand Egipte teen die oorheersing van Babel. Teen geweldige teenstand in laat die profeet Jeremia sy boodskap hoor dat Jerusalem verwoes sal word weens Israel se afgode-aanbidding en goddeloosheid. Jeremia se profesie word waar wanneer Nebukadneser teen Jerusalem optrek en die grootste deel van die volk in bannelingskap saamneem, waarna ’n gedeelte ook na Egipte geneem word vir uitdiening van hulle straf daar. Die styl van hierdie roman is ietwat saakliker en meer beheers as die gedronge en swaargetinte styl van die vorige twee boeke in die drieluik, wat daarvan die hoogtepunt in die trilogie maak. Die Hertzogprys word in 1939 aan Die profeet en Saul die worstelheld toegeken.[6] Later sluit Boerprofeet by bostaande trilogie aan, deurdat die Bybelse profeet Amos as hoofkarakter se wedervaringe ook simbolies gelaai word in diens van die roeping van die Afrikaner en sy nasionalisme. Groot Trek-romansWysig Malherbe skryf ook ’n aantal romans oor die Groot Trek, waarin hy die strewe en probleme van die boere, die besluit om te trek en wedervaringe in verowering, uitbreiding en opbou van ’n eie grondgebied uitbeeld. Die tetralogie se gebeure word gebruik as simbolies van die eienskappe en motivering benodig vir volkswording, om daardeur die baanbrekersverlede te verheerlik. Die bergstroom ruis speel af in die vroeë jare van die nedersetting aan die Kaap, in die onbewoonde gebied tussen die Drakensteinberge en die Bergrivier teen die einde van die sewentiende eeu. Die hoofkarakter is die boer en gewese timmerman August Fenting, wat met sy wa en osse die onbekende intrek op soek na ’n woonplek vir sy afhanklikes. Hy word gedryf deur die geloof en leuse dat die Fentings altyd op die voorpunt moet wees, op soek na sy eie koninkryk waar hy die vrugte van sy arbeid kan pluk. Skaars het die gesin ’n geskikte woonplek gekry en Fentinghof met die grootste moeite aangelê of die oudste seun Kobus wil verder trek in diens van die leuse. Daar is etlike mooi beskrywings in die roman, veral van August se onverstoorbare werklus en gehegtheid aan die grond. Die mensbeelding is egter vaag, die onenigheid tussen veral August en sy vrou, Stien, groei nooit tot dramatiese konflik nie en August se siening van homself as iemand met ’n verhewe roeping doen afbreuk aan sy algemene menslikheid. Die fragment Dorstyd uit hierdie roman word opgeneem in die versamelbundel Tussen die engtes. In Vlam van die Suurveld inspireer August se afstammeling Rooi-Willem van der Merwe (die Vlam van die titel) die inwoners van Suurveld aan die boloop van die Visrivier om deel te neem aan die stryd teen die Xhosas en Khoisan sodat die grensgebied langs die Visrivier bewoonbaar is vir die witmense. Die regering van die dag het egter baie meer simpatie met die Xhosas en Khoisan as met die wit boere se probleme. Dit spoor Rooi-Willem aan om die boere oor te haal om ’n eie republiek te stig. Die skrywer val in die strik om ’n heldhaftige soort supermens as hoofkarakter uit te beeld, wat hom eindelik tot simbool eerder as werklike mens brandmerk. En die wawiele rol beeld die begin van die Groot Trek uit. Groot Gert (die kleinseun van Rooi-Willem) verlaat weens die probleme aan die Oosgrens lank voor die begin van die Groot Trek die familieplaas. Hy vestig hom in die land van die Griekwas en sluit later by die Groot Trek aan. Groot Gert trek eers uit eiebelang, maar kom dan tot die besef dat dit eendragtigheid gaan kos van die boere as hulle wil oorleef in die vreemde. Hierdie geskiedenis word vertel saam met die verhaal van sy dogter Hester se liefdesverhouding met Jakob, die blinde seun van sy lamsak buurman oom Naas. Hulle deursettingsvermoë en vaste geloofsgrondslag is bedoel as inspirasie vir ander. Over-die-berge neem Groot Gert se verhaal verder en sluit hierdie reeks van romans oor die Groot Trek af. Die Trekkerlewe in Vrystaat en Natal word in hierdie laaste roman uitgebeeld. Ander romansWysig Die res van sy romans kan beskou word as ’n daling in sy romankuns. Spore van Vlieland speel af kort voor en tydens die eerste Britse besetting van die Kaap. Die oud-seekaptein Jan Blankert vestig hom op die Bolandse plaas Vlieland saam met sy enigste dogter, Freda. Hy stel Floris Rog aan as plaasbestuurder en Floris wen sy vertroue en Freda se liefde. Hierdie ontwikkeling is egter die begin van ’n nuwe nagmerrie, wat Jan juis probeer ontvlug het toe hy Vlieland betrek het. Freda mag nie trou nie uit vrees vir die oorerflike kranksinnigheid by kindergeboorte wat ook haar moeder se lot was. Hierdie situasie veroorsaak dat die drie mense in spanning en ongeluk saamwoon. Uit geloof maak Freda dan die keuse om wel te trou en kinders te hê, met haar en Floris wat eindelik geluk vind in hulle kinders. Die skeur van Vaalspruit het die tydperk 1865–1881 in die Vaalstreek as agtergrond, met ander woorde tydens die Basoeto-oorloë en die eerste anneksasie van Transvaal. Hierdie gebeurtenisse dien as agtergrond vir die verhaal van die breuk tussen twee broers deur hulle liefde vir ’n vrou, met die sentrale tema die noodsaaklikheid van eenheid. Hierdie roman word later vir die verhoog verwerk en gepubliseer as Boeta van Skeurfontein. Kind van die sonde is ’n probleemroman oor die ongelowige mens. Kobus is die eienaar van die plaas Kransfontein. Hy worstel met sy skuldgevoel dat sy seun Boet lam gebore is omdat hy as vader die kind nie wou hê nie. Sy ongelowige seun Jan keer na die Tweede Wêreldoorlog terug met ’n Italiaanse vrou, wat haar oor Boet ontferm en trag om deur gebed en behandeling sy herstel te verkry. Kobus en Jan is skepties, maar die ander glo tog in die moontlikheid van ’n wonderbaarlike genesing. Sy ander romans is Hulle wat verbygaan (met die apostel Thomas as hoofkarakter) en Rooiland. Laasgenoemde is die verhaal van ’n jong boer Johannes wat na die delwerye toe gaan om sodoende die familieplaas op Rooiland te probeer red. Op onwaarskynlike wyse verwerf hy sodoende ’n fortuin, wat hy aanwend tot die verbetering van sy hele kontrei se boerdery.[7] NovellesWysig Na Malherbe se dood word Twee nagelate novelles gepubliseer. Togganger en perdedief vertel van die godsdienstige togganger oom Koot wat ’n groot plan het met die vervoer van vee na die Kaapse mark. Tydens ’n tog na Calvinia ontmoet hy die perdedief Jenkins, wat in geestelike verwarring verkeer en ten spyte van sy eie twyfel lei oom Koot hom na geloof. Baron Terski se hoofkarakter is van adellike afkoms, maar sy seun se lewensuitkyk veroorsaak dat hy besin oor wie sy naaste werklik is en of dit slegs bloedverwante en mense van dieselfde maatskaplike stand is.[8][9] Korter skryfwerkWysig Op prosagebied lê hy hom veral toe op die skryf van romans, maar ’n aantal van sy korter werk word ook gepubliseer. Langs groen weivelde bevat drie radiopraatjies oor die boer. Die eerste hiervan handel oor ’n jong boer wat van die familieplaas afskeid neem en as delwer gaan werk, wat Malherbe in staat stel om die pioniersfiguur en die arbeidsverheerliking, sentrale motiewe in sy prosa, met mekaar te verbind. Na sy dood verskyn die bundel Die slagmes en ander nagelate verhale, waarin ’n paar kortverhale uit die Bybelse milieu geplaas word saam met ’n verskeidenheid ander verhale, meestal toegespits op die innerlike stryd van die karakters.[10][11]Meeste van die verhale is sedert 1933 in tydskrifte gepubliseer, maar vier was voorheen ongepubliseer. VersamelbundelsWysig Van sy kortverhale word opgeneem in verskeie versamelbundels, waaronder Buurman se ploeg in Kortpad onder redaksie van F.V. Lategan, Wingerdspit in Geseënd is julle onder redaksie van S.J. Malan en W.H. Vos en Die lamplig in Twaalf Afrikaanse Kortverhale en Vlugte onder redaksie van Sarel Marais. Die eerste vaart verskyn in Halfeeu, waarin PG du Plessis hoogtepunte uit die eerste vyftig jaar van Die Huisgenoot saambundel. Dit is ’n uittreksel uit sy roman Hans-die-Skipper. Ander versamelbundels waarin sy werk verskyn sluit in Afrikaanse letterkunde en Geeste en gedaantes. Sy verhale verskyn ook in verskeie tydskrifte en koerante, waaronder Die Huisgenoot, Die Huisgesin, Die Landbouweekblad, Tydskrif vir Letterkunde en Die Volksblad. Taalkundige werkWysig Op taalkundige gebied skryf hy Afrikaanse taalboek, wat verskeie herdrukke beleef en ’n eerste poging is om die Afrikaanse grammatika te definieer. Gemeet aan latere standaarde is die boek vol leemtes, maar die belangrike baanbrekerswerk van hierdie publikasie kan nie ontken word nie. Verder stel hy Die Afrikaanse spreekwoorde en verwante vorme saam DramaWysig Malherbe lewer ook ’n bydrae op toneelgebied deur veral toneelstukke vir die studente van die Dramavereniging aan Grey-Universiteitskollege te skryf, wat dan landswyd aangebied word en só die Afrikaanse taal en kultuur uitdra. Hy maak self hierdie reise mee. Per geleentheid vertolk hy self rolle in hierdie dramas, soos met die opvoering van Meester in 1929, waarvan hy ook die regisseur was. Sy dramas gaan oor die algemeen mank aan die gebrek aan ’n oortuigende spanningslyn, met oppervlakkige romantiek, onrealistiese blomryke taalgebruik en onoortuigende sielkundige uitbeelding, terwyl baie van sy karakters nie sterk genoeg omlyn word nie en blote tipes bly. Hierdie gebreke ten spyt voorsien dit in sy tyd aan ’n besondere behoefte aan opvoerbare stukke. Koringboere het die plaaslewe en vyandskap tussen twee broers as boustof, maar dit is in wese slegs ’n oppervlakkige intrige-verhaal in dialoogvorm. Die oudste broer Herman en sy jonger maar meer suksesvolle broer Jan boer op ’n Bolandse koringplaas. Onderlinge jaloesie, verskil in politieke sienswyses en ontevredenheid oor plaasverdeling lei tot vyandskap tussen die broers, wat daartoe lei dat Jan se koringmied afgebrand word. Jan wreek hom dan op Herman deur hom van sy deel van die plaas te laat afstand doen. Ook in Die mense van Groenkloof bly die uiterlike gebeure hoofsaak en is daar nie juis sprake van sielkundige motivering vir optredes nie. Hier is die ekonomiese agteruitgang tydens die depressiejare en onwettige diamanthandel die verhaaltema. Die eienaar van Groenkloof, Willem van der Merwe, loop die gevaar om deur droogte en depressie sy plaas Groenkloof te verloor. Hierdie plaas is naby die diamantdelwerye. Sy seun en erfgenaam, Andries, beplan om benede sy stand met Grieta, die dogter van die bywoner Piet Prins, te trou. Andries probeer die plaas red deur onwettige diamanthandel en val so in die strik war speurder Louw, ’n mededinger om Grieta se hand, vir hom stel. Dan volg die onrealistiese ontknoping wat voordelig is vir al die mense van Groenkloof. Meester is meer geslaagd in sy uitbeelding van die ou Hollandse swerweronderwyser wat op sy swerftog die ewebeeld van sy oorlede vrou ontmoet en dan moet besluit of hy vir haar liefde moet veg of nie. Dit is in wese ’n botsing tussen droom en werklikheid, met die droom wat in de hoofkarakter se eensaamheid die enigste blywende werklikheid is. Die stuk speel af teen die einde van die agtiende eeu in die distrik Mosselbaai.[12] Op die trekpad beeld teen die agtergrond van die groot droogte in die Karoo omstreeks 1925 die wedervaringe op trek uit, met die nasionale volkslewe as sentrale fokus. Die boodskap van loutering van die siel deur teenspoed word egter nie deur die handeling ondersteun nie. Die newemotief van die trekkerseun se liefdesverhouding met die dogter van die barmhartige uithelper doen afbreuk aan die sentrale tema. Die seeman is ’n verwerking van Hans-die-Skipper vir die verhoog, maar dit slaag nie daarin om die roman tot die essensie van die toneel te verwerk nie. Die noodwendige inkorting van die verhaalgebeure beteken dat belangrike agtergrondinligting deur middel van dialoog vertel moet word, waardeur die vertelelement baie belangriker word as die uitbeeldingselement. Die siel van Suid-Afrika is ’n volksangspel in twee bedrywe, waarin op allegoriese wyse die Groot Trek en die stryd om selfbehoud van die Afrikaner herdenk word. Die meul dreun en ander toneelwerk bevat onder andere die titelstuk, wat ’n verwerking is van sy roman Die meulenaar, wat as een van sy beste dramas beskou kan word. Malherbe wil hier nie ’n verhaal vertel nie, maar ’n karakter uitbeeld en dit bring die karakter van Faans in groter fokus. Die bundel bevat ook die Bybelspel Demetrios, Dala, Die aandblom van Witsenberg, Drakenstein en ’n vertaling van Schiller se Wilhelm Tell. Dala is ’n poging om die adel van getrouheid aan die volk uit te beeld en Die aandblom van Witsenberg is ’n romantiese eenbedryf. Drakenstein word deur die skrywer getipeer as ’n “sangspelagtige stuk” en is ’n verwerking van sy sangspel. Die blom van Orleans uit die digbundel Rivier en veld vir die verhoog. Hierin word ’n konvensionele driehoek-intrige sonder veel variasie uitgebeeld. Met die Bybeldramas Amrach, die tollenaar, Demetrios, Moeder en seun en Abimelech sluit hy by sy Bybelromans aan deur grepe uit die Bybelse geskiedenis te neem as voorbeeld van volkswording. “Amrach die tollenaar” behandel ’n Bybelse motief met ’n te bewuste boodskap van volkswording onder vreemde oorheersing. Die drama speel af in Amrach die tollenaar se huis enkele dae na die kruisiging van Christus. Amrach se vrou Miriam het tot bekering gekom, wat lei tot Amrach se vertwyfeling en innerlike stryd. Hierdie drama kom sterk in aanmerking by toekenning van die Hertzogprys vir drama in 1935. Demetrios verskyn aanvanklik in Die meul dreun en ander toneelwerk, maar word later ook apart gepubliseer. Die drama behandel die handel in silwerbeeldjies van Diana in Efese, waar Demetrios deur die prediking van Paulus tot bekering kom. Hierdie bekering geskied egter nie uit innerlike verandering nie, maar word van buite ingegee deur die siekte en genesing van sy kind. Moeder en seun is ’n versdrama uit die lewe van Asa, koning van Juda, en sy moeder Maäga. Asa is getrou aan Jehova en Maäga is ’n afgodedienaar. Die beste kenmerk van hierdie drama is die innerlike stryd van die koning tussen eerbied en verering vir sy moeder en plig teenoor Jehova. Die versvorm veroorsaak dat die dialoog geforseerd en kunsmatig voorkom. Abimelech het as hoofkarakter die eersugtige seun van die rigter Gideon uit die Bybel, wat al sewentig sy broers, op een na, doodmaak om so koning te word. Die ontsnapte broer Jotam veroorsaak sy ondergang en hy sterf deurdat ’n vrou ’n steen op hom werp. Intussen het Abimelech egter reeds begin walg aan sy eie wandade, sodat sy dood vir hom as ’n verlossing kom. EenbedryweWysig Die uur van die rooi maan en ander eenbedrywe bevat ’n aantal eenbedrywe, waarvan Macherus (’n uitbeelding van die Herodus-Salomé motief uit die Bybelse geskiedenis) en Krom stompe (waarin die monnik Rudolphus gekonfronteer word met sy jeugliefde Robina en dan bedenkings het oor sy keuse) die mees geslaagde is in hulle uitbeelding van die mens se stryd in die keuse tussen liggaamlike begeerte en geestelike verval. Ander eenbedrywe in hierdie bundel is Die uur van die rooi maan (waar ’n meisie met spiritistiese vermoëns saam met haar ontslape geliefde die hiernamaals binnegaan); Vader se naam (wat aantoon dat die skyn lelik kan bedrieg); Die aanbod (waarin ’n trotse weduwee broodnodige ekonomiese hulp weier van ’n man wat haar as jong meisie in die steek gelaat het); en Staf of kroon (waarin ’n monnik van Bologna, die ab Bernardo, die klooster opbou tot ’n instelling wat waardevolle diens aan die gemeenskap lewer, maar weggaan wanneer die stad hom daarvoor wil vereer omdat hy die gevare van mensehuldiging verstaan). Fariseër is ’n Bybelse drama wat die konflik behandel wat Jesus se lering in die huislike lewe inbring. Hulle het ’n boom afgekap is ’n nasionalistiese volksdrama met dieselfde tema as sy gedig Bosrand en hierdie bundel bevat ook die mitologiese eenbedryf Goue appels, met karakters uit die Griekse mitologie. Spel van blank en swart is ’n uitbeelding van drie fases in die ontwikkeling van die rassewrywing in die land, uitgebeeld deur soliste en spreekkore.[13] Silo is krank bevat die titelstuk gebaseer op die Bybelse gebeure van Eli en sy seuns,[14] Van mense en gode (’n verwerking van Ovidius se verhaal oor die geskiedenis van Philemon en Baukis) en In die Namib, beskryf as ’n tipe musiekspel van “fantasie en werklikheid”. Die fariseër is ’n Bybelspel.[15] Sisera is ’n Bybeldrama waarin die stryd tussen Israel en die Filistyne om die grondgebied by Safed die sentrum vorm. Dit word dan ook ’n stryd tussen die heidense god Baäl en die God van Israel soos verteenwoordig deur Barak, met die eenheid van godsdiens en volk as die sentrale gedagte. Fragmente uit sy dramas Koringboere, Die mense van Groenkloof en Hans-die-Skipper word in die versamelbundel Afrikaanse letterkunde opgeneem. Verwerkte romansWysig Benewens oorspronklike dramas verwerk hy ook van sy romans vir die verhoog, soos Hans-die-skipper wat Die seeman word, Die meulenaar wat Die meul dreun word en Die skeur van Vaalspruit wat Boeta van Skeurfontein word. Vertalings wat uit ander tale in Afrikaans van hom verskyn is die sosiaal-realistiese blyspel Die skoonseun van Mnr. Poirier, na die Frans van Emile Augier en Jules Sandeau, William Shakespeare se Die koopman van Venesië en Friedrich Schiller se Wilhelm Tell, laasgenoemde wat opgeneem word in Die meul dreun en ander toneelwerk. PoësieWysig Malherbe se digkuns se waarde is meer beperk, al maak hy ook sy publikasie debuut in hierdie medium. Veral hinderlik in sy digkuns is sy geneigdheid tot “mooiskryf”, waardeur hy die inhoud deurgaans versier met “mooi” woorde wat weinig bydra tot die essensie van die gedig en in talle gevalle eerder die betekenis versluier as toelig. Sy simboliek is ook selde werklik oorspronklik en treffend. Opvallend in veral sy eerste bundels is die afwesigheid van die vaderlandse verse wat sy tydgenote se digkuns kenmerk, waarskynlik beïnvloed deurdat hy tydens die Anglo-Boereoorlog nie binne die oorlogsone was nie en daarna baie tyd in die buiteland deurgebring het. Reeds in hierdie stadium wend hy hom dus tot meer romantiese temas. Sy eerste digpogings verskyn onder die skuilnaam Runo in De Goede Hoop, waarna sy eerste bundel, Karroo blommetjies, in 1909 verskyn. Soos die titel aandui bevat dit hoofsaaklik natuurverse, waarvan ’n aantal voorheen in De Goede Hoop verskyn het. Hierdie bundel wyk af van tydgenootlike bundels van Celliers, Totius en Leipoldt veral daarin dat dit nie die bewoë gebeure van die Anglo-Boereoorlog aanspreek nie. Dit is nog hoofsaaklik jeugwerk, vol moralisering en gekenmerk deur ’n sterk Nederlands georiënteerde taalgebruik, onegte beelding en rymdwang. Die berg-siklus is gedigte oor die vroeë bewoners en eerste pioniers in Suid-Afrika, maar die romantiese inslag verdoesel die betekenis en die berg het as saambindende faktor nie genoeg simboliese waarde nie. Warrelwind bevat mooi ritmiese effekte, terwyl Die lied van die nagwind die stemming van die nagwind se geruis mooi weergee.[16] Klokgrassies is ietwat meer geslaag en bevat vanaf die tweede druk die sonnet “Slaap”, wat deur sommiges as sy beste enkele gedig beskou word en by herhaling in al die vernaamste versamelbundels uit die Afrikaanse digkuns opgeneem word. Die kind wat rustig in die veiligheid van die arms van die vader aan die slaap raak, lei tot die simboliek van die volwassene wat net so in die arms van sy hemelse vader wil sterf. Ook Die see is vol van ewigheid kan as een van sy beste gedigte gereken word, aangesien hy hier daarin slaag om die rustelose deining en klaaglied van die see mooi in woorde vas te vang. Vir vryheid is ’n eerste poging tot ’n epiese gedig in vrye verse met ongereelde rym. Dit beskryf die ontluikende liefde van Jan Bruwer en Gertruid de Kok met as agtergrond die einde van Piet Retief se geskiedenis uit die Groot Trek. Jan Bruwer het in die Kaap die hart van Sannie Jordaan gewen, maar die verhouding misluk omdat Jan en sy familie teen die trek gekant is. Later kom Jan op sy eie by die laer aan, waar beide Sannie en Gertruid is en ’n liefdesdriehoek ontstaan. Piet Jordaan, broer van Sannie, is ook verlief op Gertruid, wat die emosies verder aanwakker. Op ’n jagtog verongeluk Jan deur Piet se nalatigheid, waarna Gertruid vir Jan verpleeg en hulle liefde verseël word. Die afwagting wanneer Retief en sy burgers uitry na Dingaan se stat toe, die moord op Retief en sy manne en die daaropvolgende moorde op die Voortrekkerlaers word alles uitgebeeld. Jan sterf ’n heldedood in sy poging om die laers by Bloukrans te waarsku van die naderende gevaar. Hy word uitgebeeld as die jong boom wat om die ou stam strengel, waar die oue as wortel en beginpunt dien vir die nuwe. Hierdie epos het ’n tekort aan bindingselemente, met die verteller wat ook soms onnodige verklarings oor die verhaal lewer. Enkele landskapsketse is egter verdienstelik. Die bekende gedig Middernag wat die nadersluipende Zoeloemag rondom die weerlose laers van die Voortrekkers na die moord op Piet Retief uitbeeld, kom uit hierdie bundel.[17] Die timmerma” is eweneens ’n poging tot ’n epos, waarin die arbeid verheerlik word, ’n tema wat later in sy romans ook ’n belangrike rol speel. Die timmerman Gysbert Gouws keer na die Anglo-Boereoorlog terug uit ballingskap en vind na ’n lang soektog sy dood gewaande dogter Sarie Gouws in ’n weeshuis. Mooi is die uitbeelding van die ongelukkige timmerman wat tydens sy soektog sy verdriet aand na aand in die hotel wil wegdrink en wat met sy besoek aan die kerk en die aanhoor van die predikant ’n beslissende wending in sy lewe bereik. Malherbe slaag daarin om op ’n eenvoudige wyse hierdie droewige lewensgang uit te beeld en die timmerman se emosies relevant voor te stel. Langsaam lui die koperklok is knap klanknabootsing. Die epos is heg gestruktureer en word in agt afdelings ingedeel, telkens ingelei deur ’n liriese voorspel. Hierdie is waarskynlik Malherbe se mees geslaagde lang gedig. Die skaduwee van ’n vrou is ’n minder geslaagde epos oor ’n liefdesdriehoek, waarin die ondergang beskryf word van twee vriende, Albert en Freek, wat saam op die plaas Ganskuil boer. Hulle stry om die liefde van dieselfde vrou, Emma. Freek kuier in die geheim by Emma, maar word siek en Emma kom hom besoek, waarna sy en Albert op mekaar verlief raak. Freek verneem dat hulle op troue staan en konfronteer vir Albert op die berg. In hulle geveg stort beide van die kranse af. Die romantiek seëvier in hierdie epos, met weinig sielkundige motivering vir die karakters se aksies. Rivier en veld is ruimer in tematiek as sy vorige bundels en bevat gedigte oor Bybelse insidente uit die lewe van Jesus (met Die Sabbat en Na die land van Gadara noemenswaardig), die plaaslewe en gehegtheid aan grond en arbeid en die natuurkragte. Hierdie is alles temas wat later meer uitvoerig ook in sy prosa tot uiting kom. Verder is daar die spook-ballade Antjie Somers, terwyl die idille Bosrand die konflik uitbeeld tussen die bodemvaste vader oom Jakob en sy materialistiese seun Hendrik, laasgenoemde wat die erfplaas wil prysgee vir geld. Drie taferele beeld die lewe van die Paarlse Hugenote uit ongeveer 1701 uit. Hierdie bundel bevat ook die sangspel Die blom van Orleans, wat eerder as drama getipeer kan word en later as Drakenstein verwerk is tot ’n geleentheidstuk vir die Hugenotefees in Bloemfontein in 1939 en daarna in Die meul dreun en ander toneelwerk opgeneem word. Somerdae bestaan uit twee afdelings, waarin die eerste stemmingsverse bevat. Hier is dit die seegedigte (veral Verby) wat mooi is in hulle weergawe van die geruis van die branders en die kleurespel van die waters. Die tweede afdeling bevat ballades, waaronder die geslaagde Jakob Ontong, wat beïndruk met sy treffende sienings en beelde, die nabootsing van die kitaarspel in die klank en die vars gebruik van ’n ou refrein. Jakob Ontong is vol wraakgedagtes nadat Saartjie Dawids hom bedrieg het en maak ’n verbond met die duiwel (Damoen) dat hy in ruil vir sy siel sal leer om ghitaar te speel en elke middernag vir Saartjie sal kan kwel. Ander noemenswaardige verse is Die versoeking (van Jesus), Die Wolfhuis (’n ballade oor Mintor se seun wat sterf omdat hy sy pa in die wolfhuis van honger laat sterf het) en Jan Gebhart, terwyl Antjie Somers weereens hier opgeneem is. In Die rooivlerkspreeu word hierdie voël se lied die simbool van romantiese verdriet. Dekker beskou Somerdae as Malherbe se beste digbundel. Die siel van Suid-Afrika bevat nasionaal-godsdienstige sange, vol retoriek en woordversiering, geskryf as geleentheidstuk vir die Voortrekkerjaar in 1938. Die stuk bevat weinig of geen handeling nie en is ’n lang debat in rolverdeling oor die pad na die volksbestemming en die hindernisse daartoe. Brood op die weg is ’n bundel met vaderlandsverse, waarin slegs Padwerkers, Lakeie en ’n paar godsdienstige gedigte soos Die sonde noemenswaardige poëtiese waarde het. Die bundel sluit af met ’n aantal proewe van Gesangbewerkings. Duine en pioniere se titel dui reeds aan dat die bundel hoofsaaklik natuurverse in die Duine afdeling bevat, terwyl die afdeling onder die titel Pioniere gedigte insluit oor die lewe en belang van die blanke pioniere in Suid-Afrika. In hierdie bundel is die versobering in taalgebruik opmerklik, hoewel dit steeds te woordryk is en oordadige beelde die betekenis verwar. Die verse in die eerste afdeling het dikwels ’n vae filosofiese gedagte en ondertoon van sondebesef as grondslag. Hier is dit slegs Deuskant die duine staan my kluis en Die aandlug val op vuil, gebreekte ruite wat noemenswaardig is, laasgenoemde ’n uitbeelding van ’n toneel uit die agterbuurte. Die tweede afdeling se gedagtegang is meer logies en direkter van segging. Die bundel sluit af met ’n Voorspel vir ’n drama, waarin die geeste van die inheemse inwoners en die blankes redeneer oor hulle bestaansreg in Suid-Afrika, wat afsluit met ’n sombere waarskuwing aan die blanke heersers.[18][19]In Kruis en kraai is die kruis simbool van liefde en opoffering, terwyl die kraai die draer is van onheil, dood en vernietiging. Die bundel bevat dan oorwegend verhalende en moraliserende gedigte oor Christus- en doodsmotiewe. In enkele gedigte word die rassetema en die naderende botsing tussen rasse ook aangespreek. Agterland sluit sy gepubliseerde digterlike arbeid af. In 1954 stel C.M. van den Heever ’n keur uit sy gedigte saam onder die titel Uitgesoekte gedigte van Malherbe. Bloemlesings/versamelbundelsWysig Sy gedigte word in ’n menigte bloemlesings opgeneem, waaronder Groot verseboek, Die Afrikaanse poësie in ’n duisend en enkele gedigte, Digters en digkuns, Digterstemme, Digters en digsoorte, Afrikaanse verse, Afrikaanse letterkunde, Uit ons digkuns, Junior verseboek, Die junior digbundel, Nuwe klein verseboek, Afrikaanse natuurpoësie, Afrikaanse ballades, Goudaar, Uit ons letterkunde, My Afrikaanse verseboek, Voorspraak en Die tweede gerf. Van sy gedigte verskyn ook in tydskrifte soos Die Brandwag, De Goede Hoop, Helikon, Die Huisgenoot, Jaarboek van die Afrikaanse Skrywerskring, Die Kerkbode, Die Ruiter, Skoolblad, Tydskrif vir Letterkunde en Die Volksblad. Hy werk aktief mee aan die beryming van die gesange in Afrikaans en is onder andere verantwoordelik vir Gesang 168 (Winter), 171 (Geloftedag), 179 (Moregesang) en 180 (Aandgesang). Verder stel hy die bloemlesing Afrikaanse verse saam uit die Afrikaanse digkuns, wat na sy dood deur F.V. Lategan omgewerk en uitgebrei word, terwyl Afrikaanse letterkunde (telkens hersien en bygewerk) ’n versamelbundel uit Afrikaanse gedigte, prosa en drama is, wat op die skoolmark gerig is.[20] Toekennings en eerbewyseWysig Ten tye van sy sestigste verjaarsdag in 1941 word die huldigingsbundel D.F. Malherbe, die mens en sy kuns aan hom oorhandig. Die koshuis Huis Malherbe van die Universiteit van die Oranje-Vrystaat word na hom vernoem en die beeldhoudster Daniella Geldenhuys maak later ook ’n borsbeeld van hom wat hier sy staanplek kry. Die Raad van hierdie universiteit benoem hom in 1942 as ereprofessor. Hy ontvang eredoktorate van die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys op 14 April 1957, die Universiteit van die Oranje-Vrystaat op 5 Junie 1959 en die Universiteit van Stellenbosch op 29 Julie 1959. Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns ken in 1933 ’n Erepenning aan hom toe vir sy werk as taaladviseur met die eerste Afrikaanse Bybelvertaling, terwyl hulle ook die Stalsprys vir Taalkunde in 1959 aan hom toeken. Hy word in 1963 tot erelid van die Akademie verkies. In 1968 verower hy die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings (FAK) se erepenning vir volksdiens en die Afrikaanse Studentebond se erepenning word ook in hierdie jaar aan hom toegeken. By verskeie geleenthede huldig instansies hom ook met feeste. Op sy sewentigste verjaarsdag in 1951 word hy op hierdie manier gehuldig deur die Afrikaanse Skrywerskring in Johannesburg, Bloemfontein en Pretoria, terwyl die eerste minister, advokaat J.G. Strijdom, die hoofspreker is op ’n soortgelyke fees ter geleentheid van sy 75e verjaarsdag wat op 8 Augustus 1956 by die Universiteit van die Witwatersrand gehou word. Op 7 April 1969 word hy op ’n huldigingsaand deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns gehuldig as die persoon wat verantwoordelik was dat Afrikaans in die dertigerjare die amptelike voertaal aan die Universiteitskollege van die Oranje-Vrystaat geword het. Verskeie doktorsgrade en meestersgrade word toegeken op grond van navorsing in sy letterkundige nalatenskap. Dit sluit in W.J. Badenhorst se D.F. Malherbe in arbeid en strewe (D.Litt.-graad, Universiteit van Pretoria, 1945), C.G. Botha se D.F. Malherbe – ’n beskouing van sy prosa met beklemtoning van die vernaamste kenmerke van sy kuns (M.A.-graad, Universiteit van Pretoria, 1941), S.W. Burger se Stilistiese beskouings oor die prosa van D.F. Malherbe (M.A.-graad Universiteit van Stellenbosch, 1938), Jacob Alexander de Coning se Stof en vorm: ’n ondersoek na die gebruik van die Bybelse dokumente in sekere dramas en romans van D.F. Malherbe (Ph.D.-graad, Universiteit van die Witwatersrand, 1963), Theo Pauw se Woordsamestelling en taalvernuwing in die prosa van D.F. Malherbe (Universiteit van Stellenbosch, 1940) en W.H. Vos se Malherbe se Bybelromans (Universiteit van Suid-Afrika, 1942). - 1909 Karroo blommetjies - 1913 Vergeet nie - 1914 Klokgrassies - 1917 Afrikaanse taalboek - 1919 Vir vryheid - 1921 Die timmerman en Koringboere - 1922 Rivier en veld - 1923 Die skaduwee van ’n vrou - 1925 Die mense van Groenkloof - 1926 Die meulenaar - 1927 Meester - 1928 Somerdae en Hans-die-skipper - 1931 Op die trekpad en Loutervure - 1933 Die seeman en Die hart van Moab - 1935 Amrach die tollenaar en Saul die worstelheld - 1937 Die profeet - 1938 Die siel van Suid-Afrika - 1939 Brood op die weg - 1940 Die bergstroom ruis - 1943 Die meul dreun en ander toneelwerk, Demetrios en Vlam van die suurveld - 1945 Moeder en seun en En die wawiele rol - 1948 Spore van Vlieland en Abimelech - 1950 Die uur van die rooi maan - 1951 Duine en pioniere en Hulle wat verbygaan - 1952 Die skeur van Vaalspruit - 1953 Goue appels, Hulle het ’n boom afgekap en Boerprofeet - 1954 Uitgesoekte gedigte van Malherbe (saamgestel deur C.M. van den Heever) - 1955 Spel van blank en swart - 1956 Silo is krank, Die Fariseër en Rooiland - 1957 Kruis en kraai - 1958 Sisera en Boeta van Skeurfontein - 1959 Kind van die sonde en Langs groen weivelde - 1961 Over-die-berge - 1965 Agterland - 1980 Die slagmes en ander nagelate verhale, Twee nagelate novelles en Uit my lewensboek SamestellerWysig - 1921 Afrikaanse letterkunde - 1926 Afrikaanse spreekwoorde en verwante vorme - 1935 Afrikaanse verse VertalingsWysig - 1919 Die skoonseun van meneer Poirier – Emile Augier en Jules Sandeau - 1944 Wilhelm Tell – J.C.F. von Schiller - 1949 Die koopman van Venesië – William Shakespeare BronneWysig BoekeWysig - Antonissen, Rob. Die Afrikaanse letterkunde van aanvang tot hede. Nasou Beperk Derde hersiene uitgawe Tweede druk 1964 - APB-Komitee vir Skoolboeke. Die junior digbundel. Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Sesde druk 1963 - Askes, H. en Landman, J.N. (samestellers) Voorspraak. Tafelberg-Uitgewers Beperk Kaapstad Eerste uitgawe Tiende druk 1994 - Baker. Eleanor. D.F. Malherbe: Mens en Meester. Juventus Eerste uitgawe Eerste druk 1981 - Beukes, Gerhard J. en Lategan, F.V. Skrywers en rigtings. J.L. van Schaik Bpk. Pretoria Eerste uitgawe 1952 - Beukes, W.D. (red.) Boekewêreld: Die Nasionale Pers in die uitgewersbedryf tot 1990. Nasionale Boekhandel Bpk. Kaapstad Eerste uitgawe eerste druk 1992 - Botha, Elize. Prosakroniek. Tafelberg Uitgewers Bpk. Kaapstad Eerste uitgawe 1987 - Buning, Tj. Uit ons digkuns. J.L. van Schaik Bpk. Pretoria Nuwe omgewerkte druk 1960 - Dekker, G. Afrikaanse Literatuurgeskiedenis. Nasou Beperk Kaapstad Elfde druk 1970 - De Villiers, Heidi. D.F. Malherbe (1881–1969). in Van Coller, H.P. (red.) Perspektief en Profiel Deel I. J.L. van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 1998 - Grobler, Hilda. Halfeeu. Blokboeke 33 Academica Pretoria en Kaapstad Eerste uitgawe 1980 - Grobler, P. du P. Verkenning. Human & Rousseau Kaapstad 1962 - Grové, A.P. Letterkundige sakwoordeboek vir Afrikaans. Nasou Beperk Vyfde uitgawe Eerste druk 1988 - Hattingh, S.C. D.F. Malherbe. in Nienaber, P.J. et al. Perspektief en Profiel. Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Derde hersiene uitgawe 1969 - Kannemeyer, J.C. Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 1. Academica, Pretoria en Kaapstad Tweede druk 1984 - Kannemeyer, J.C. Die Afrikaanse literatuur 1652–2004. Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe 2005 - Kok, B. (red.) D.F. Malherbe: Die mens en sy kuns. Nasionale Pers Bpk. Bloemfontein Eerste uitgawe 1941 - Kok, B. Lategan, F.V. en De Beer, R. D.F. Malherbe in beeld en woord. Perskor Johannesburg en Kaapstad Eerste uitgawe Eerste druk 1981 - Kritzinger, M.S.B. Ons jongste letterkunde. J.L. van Schaik Bpk. Pretoria Tweede druk 1940 - Lindenberg, E. (red.) Inleiding tot die Afrikaanse letterkunde. Academica Pretoria en Kaapstad Vierde uitgawe Eerste druk 1973 - Malherbe, D.F. Uit my lewensboek. Perskor-Uitgewery Johannesburg Eerste Uitgawe Eerste druk 1980 - Malherbe, F.E.J. Aspekte van Afrikaanse literatuur. Nasionale Pers Bpk. Kaapstad, Bloemfontein en Port Elizabeth Eerste uitgawe 1940 - Nasionale Pers Beperk Ons skrywers en hul werke: ’n Plate-album. Nasionale Pers Bpk. Kaapstad 1936 - Nienaber, P.J. en Lategan, F.V. Afrikaanse natuurpoësie. Afrikaanse Pers-Boekhandel Derde druk 1952 - Nienaber, P.J. (samesteller) Digters en digkuns. Afrikaanse Pers-Boekhandel Derde druk 1954 - Nienaber, P.J., Roodt, P.H. en Snyman, N.J (samestellers) Digters en digkuns. Perskor-Uitgewers Kaapstad Vyfde uitgawe Sewende druk 2007 - Nienaber, P.J. Die Hertzogprys Vyftig Jaar. Nasionale Boekhandel Kaapstad Eerste uitgawe 1965 - Nienaber, P.J. Hier is ons skrywers! Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Eerste uitgawe 1949 - Nienaber, P.J.; Senekal, J.H en Bothma, T.C. Mylpale in die geskiedenis van die Afrikaanse letterkunde. Afrikaanse Pers-Boekhandel Tweede hersiene uitgawe 1963 - Nienaber, P.J. et al. Perspektief en Profiel. Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Derde hersiene uitgawe 1969 - Nienaber, P.J. en Heyl, J.A. Pleidooie in belang van Afrikaans Deel II. Nasionale Boekhandel Beperk Kaapstad 1960 - Nienaber, P.J. (red.) Rapier en Knuppel. Nasionale Boekhandel Kaapstad 1965 - Nienaber, P.J. Ses digters. J.L. van Schaik Beperk Pretoria 1964 - Nienaber, P.J.; Erasmus, M.C.; Du Plessis, W.K. en Du Plooy, J.L. Uit ons letterkunde. Afrikaanse Pers-Boekhandel Sewende druk 1968 - Opperman, D.J. Junior verseboek. Nasionale Boekhandel Beperk Kaapstad Agste druk 1960 - Pienaar, E.C. Taal en poësie van die Twede Afrikaanse Taalbeweging. Nasionale Pers Beperk Kaapstad, Stellenbosch en Bloemfontein Vierde vermeerderde druk 1931 - Schoonees, P.C. Die prosa van die tweede Afrikaanse beweging. J.H. de Bussy, Pretoria / Hollandsch-Afrikaansche Uitgevers Maatschappij v/h J. Dusseau & Co, Kaapstad 1939 (derde druk) - Schoonees, P.C. Tien jaar prosa. Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg 1950 - Steyn, J.C. Trouwe Afrikaners. Tafelberg-Uitgewers Beperk Kaapstad Eerste uitgawe 1987 - Van Coller, H.P. (red.) Perspektief en Profiel Deel I. J.L. van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 1998 - Van den Heever, C.M. (samesteller) My Jeugland. Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Eerste druk 1953 Tydskrifte en koeranteWysig - Anoniem. D.F. Malherbe: ’n biografiese skets. Die Transvale, 9 Maart 1981 - Anoniem. D.F. Malherbe vertel van sy dae as kind. Die Transvaler, 11 Maart 1981 - Botha, Elize. D.F. Malherbe en Jochem van Bruggen in 1981. Tydskrif vir Geesteswetenskappe. Jaargang 21 no. 4, Desember 1981 - De Coning, J.A. Herhaling van motiewe in die Bybelromans en dramas van D.F. Malherbe. Standpunte. Nuwe reeks 68, Desember 1966 - De Coning, J.A. ’Hans die skipper’ van D.F. Malherbe. Tydskrif vir Letterkunde, nuwe reeks 18 no. 3, Augustus 1980 - Dekker, Leendert. ’Saul die worstelheld’ en die Bybel. Standpunte. Nuwe reeks 37, Oktober 1961 - Hattingh, S.C. D.F. Malherbe as prosa-kunstenaar. Helikon. Jaargang 3 no. 13 Oktober 1953 - Mocke, S. Ignatius. D.F. Malherbe as digter. Helikon. Jaargang 3 no. 13 Oktober 1953 - Nienaber, G.S. D.F. Malherbe. “Jaarboek van die Afrikaanse Skrywerskring Johannesburg. 1941 - Prins, M.J. ‘Halfeeu’ byeengebring deur P.G. du Plessis. Tydskrif vir Letterkunde. Nuwe reeks 19 no. 1, Februarie 1981 - Scholtz, H. van der Merwe. D.F. Malherbe. Die Huisgenoot, 1 Desember 1939 - Steyn, J.C. Tot lof van D.F. Malherbe. Beeld, 17 Julie 1996 - Van Heerden, Ernst. Die beste Afrikaanse prosawerke van die jaar. Jaarboek van die Afrikaanse Skrywerskring. Johannesburg 1941 - Verhage, J. Die bergstroom ruis. Klasgids. Jaargang 2 no. 2, November 1966 VerwysingsWysig - http://esat.sun.ac.za/index.php/D.F._Malherbe - http://www.stellenboschwriters.com/100malherbedf.html - Kritzinger, M.S.B. Oor skrywers en boeke. J.L. van Schaik Bpk. Pretoria Eerste uitgawe 1932 - Schoonees, P.C. Nuwe Brandwag. Deel 2 no. 2, Mei 1930 - Van den Heever, C.M. Nuwe Brandwag. Deel 4 no. 1, Februarie 1932 - Nienaber, P.J. “Jaarboek van die Afrikaanse Skrywerskring”, 1937 - Antonissen, Rob. Standpunte. Nuwe reeks 17 en 18, Mei-Desember 1957 - Van Zyl, Wium. Beeld, 17 November 1980 - Van Zyl, Ia. Tydskrif vir Letterkunde. Nuwe reeks 19 no. 1, Februarie 1981 - Van Zyl, Wium. Beeld, 17 November 1980 - Van Zyl, Ia. Tydskrif vir Letterkunde. Nuwe reeks 19 no. 1, Februarie 1981 - Bosman, F.C.L. Nuwe Brandwag. Deel 2 no. 1, Februarie 1930 - Antonissen, Rob. Standpunte. Nuwe reeks 17 en 18, Mei-Desember 1957 - Antonissen, Rob. Standpunte. Nuwe reeks 17 en 18, Mei-Desember 1957 - Antonissen, Rob. Standpunte. Nuwe reeks 17 en 18, Mei-Desember 1957 - Preller, Gustav S. Eerstelinge. Human & Rousseau Kaapstad 1961 - Grosskopf, J.F.W. in Kannemeyer, J.C. (red.) Kritiese aanloop. Jutalit Kenwyn Eerste uitgawe 1989 - Antonissen, Rob. Standpunte, No.20, Julie 1951 - Van Heerden, Ernst. Die Huisgenoot, 4 Mei 1951 - Brink, André P. Rapport. 1 Junie 1975 - http://www.dbnl.org/auteurs/auteur.php?id=malh002
<urn:uuid:9022402a-f96a-428c-afc8-e4d863dc8d8e>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/D.F._Malherbe
2019-07-22T19:19:16Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528208.76/warc/CC-MAIN-20190722180254-20190722202254-00218.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
1.000002
false
Louis Pienaar Louis Pienaar (*26 Junie 1926 – †5 November 2012, Kaapstad[1]) was ’n Suid-Afrikaanse regsgeleerde, politikus en diplomaat. Hy was die laaste administrateur van Suidwes-Afrika, vanaf 1985 tot Namibië se onafhanklikheid in 1990. Pienaar het ook as ’n minister in F.W. de Klerk se regering tot 1993 gedien. Louis Pienaar | | Minister van Omgewingsake Ampstermyn 1990 – 1993 | | President | F.W. de Klerk | ---|---| Voorafgegaan deur | Gert Kotzé | Opgevolg deur | Japie van Wyk | Minister van Binnelandse Sake Ampstermyn 1992 – 1993 | | President | F.W. de Klerk | Voorafgegaan deur | Gene Louw | Opgevolg deur | Danie Schutte | Minister van Onderwys Ampstermyn 1990 – 1992 | | President | F.W. de Klerk | Voorafgegaan deur | Gene Louw | Opgevolg deur | Piet Marais | Administrateur-generaal van Suidwes-Afrika Ampstermyn 1 Julie 1985 – 21 Maart 1990 | | President | F.W. de Klerk | Voorafgegaan deur | Willie van Niekerk | Opgevolg deur | Amp afgeskaf weens Namibië se onafhanklikheid | Persoonlike besonderhede Gebore | 26 Junie 1926 | Sterf | 5 November 2012 (op 86) Kaapstad, Suid-Afrika | In 1990 is hy, met sy terugkeer na Suid-Afrika, as minister van onderwys in president F.W. de Klerk se regering aangestel, waar hy verantwoordelik was vir die aftakeling van die strukture van apartheid[verwysing benodig]. Van Mei 1992 tot April 1993 het Pienaar as minister vir binnelandse sake gedien. Pienaar het op 5 November 2012 in sy woning in Kaapstad gesterf.[2] VerwysingsWysig Voorafgegaan deur Gene Louw | Minister van Binnelandse Sake 1992–1993 | Opgevolg deur Danie Schutte | Voorafgegaan deur Gert Kotzé | Minister van Omgewingsake 1990–1993 | Opgevolg deur Japie van Wyk | Voorafgegaan deur Gene Louw | Minister van Onderwys 1990–1992 | Opgevolg deur Piet Marais | Voorafgegaan deur Willie van Niekerk | Administrateur-generaal van Suidwes-Afrika 1985–1990 | Opgevolg deur Amp afgeskaf |
<urn:uuid:adad327b-1626-4e43-94ad-fc7d02e3bd97>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Louis_Pienaar
2019-07-22T18:37:26Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528208.76/warc/CC-MAIN-20190722180254-20190722202254-00218.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999603
false
Jurga Ivanauskaitė Jurga Ivanauskaitė | | Gebore | 14 November 1961 Vilnius, Litause SSR, Sowjetunie (tans Litaue) | ---|---| Oorlede | 17 Februarie 2007 (op 45) Vilnius, Litaue | Nasionaliteit | Litaue | Beroep | Skrywer, essayis en kinderboekskrywer | Bekend vir | The Day that Never Happened Gone with the Dreams | Ivanauskaitė, wat grafiese ontwerp gestudeer het, het verskeie romans en twee kinderboeke met sprokies geskryf, asook essays en reisverhale in koerante gepubliseer. Haar werke is in Engels, Sweeds, Lets, Pools, Russies, Duits en ander tale vertaal. Haar roman "Die Reënheks" vertel die verhaal van drie vroue in verskillende historiese tydperke wat aan tydgebonde onderdrukking blootgestel word en wie se liefde vir besondere mans onvervul moet bly. Die roman speel af in die moderne Vilnius kort ná die ontbinding van die Sowjetunie, in Jerusalem in die tyd van Jesus en in die Middeleeuse landelike Litaue. Haar kritiese benadering tot die Rooms-Katolieke geloof het vir Jurga Ivanauskaitė probleme in haar tuisland geskep. Die roman is intussen verfilm. In haar latere lewe het Ivanaskautė, wat in 1994 'n besoek aan Indië gebring het, tot die boeddhisme aangetrokke gevoel en 'n aktivis vir Tibet geword. Drie van haar romans handel oor dié land.[2] Met haar roman Placebo het sy tematies weer na haar tuisland Litaue en die huidige tydperk teruggekeer. Jurga Ivanauskaitė is in 2007 op die ouderdom van 45 jaar in haar geboortestad Vilnius aan kanker oorlede. Werke wat in Engels verskyn hetWysig - The Day that Never Happened (short story) in: Lithuania in Her Own Words : Anthology of Contemporary Lithuanian Wriring, Tyto Alba 1997, Vilnius. - Gone with the Dreams (excerpt from novel) in: The Earth Remains: An anthology of contemporary Lithuanian prose, Tyto Alba 2002, Vilnius. VerwysingsWysig Eksterne skakelsWysig - Biografie - Jurga Ivanauskaitė at The Writers Club - Jarvis, Howard: A Colourful Bird in a Pale Land : why Jurga Ivanauskaitė's books are crying out for translation, Central Europe Review, Vol 2, No 27 10 July 2000. [1] - Jarvis, Howard: Best-loved writer Gone with the Dreams, In: The Baltic Times, 14 Maart 2007. www.baltictimes.com - artikels - Die international erfolgreiche litauische Schriftstellerin Jurga Ivanauskaite ist im Alter von 45 Jahren gestorben nachrichten.ch, / Bron: sda / Sondag, 18 Februarie 2007
<urn:uuid:3b3c8b26-76a1-4326-b9f5-40e2ddac57d4>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Jurga_Ivanauskait%C4%97
2019-07-16T15:04:16Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524568.14/warc/CC-MAIN-20190716135748-20190716161748-00002.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.995953
false
Fichier:IRFU flag.svg Fichier d’origine (Fichier SVG, résolution de 1 200 × 800 pixels, taille : 367 Kio) Historique du fichier Cliquer sur une date et heure pour voir le fichier tel qu'il était à ce moment-là. Date et heure | Vignette | Dimensions | Utilisateur | Commentaire | | ---|---|---|---|---|---| actuel | 5 février 2014 à 17:54 | 1 200 × 800 (367 Kio) | Setanta Saki | Update | | 29 juillet 2013 à 14:36 | 1 200 × 800 (568 Kio) | Setanta Saki | Lighter coloured green background | Utilisation du fichier Usage global du fichier Les autres wikis suivants utilisent ce fichier : - Utilisation sur af.wikipedia.org - Ierland - Rugbywêreldbeker - Rugbywêreldbeker 1999 - Ellispark-stadion - Vrystaat Cheetahs - Springbokke - Vrystaatstadion - Rugbywêreldbeker 2007 - Sjabloon:Landdata Ierland - Engelse nasionale rugbyspan - Stade de France - Franse nasionale rugbyspan - Parc des Princes - Stade Chaban-Delmas - Stade Félix-Bollaert - Sjabloon:Ses-Nasiesoorwinnings - Walliese nasionale rugbyspan - Grand Slam (Rugby) - Britse en Ierse Leeus - Skotse nasionale rugbyspan - Wêreldrugby - Rugbywêreldbeker 2011 - Sjabloon:IRLru - Rugbywêreldbeker 2003 - Rugbywêreldbeker 1995 - Rugbywêreldbeker 1991 - Rugbywêreldbeker 1987 - Kings Park-stadion - Italiaanse nasionale rugbyspan - Ierse nasionale rugbyspan - Sesnasies-toernooi - Zimbabwiese nasionale rugbyspan - Crusaders (Superrugbyspan) - Carisbrook - Westpacstadion - Edenparkstadion - Rugbywêreldbeker 2019 - Rugbywêreldbeker 2015 - Forsyth Barr-stadion - Sjabloon:IRLru-r - Yarrowstadion - Rotorua Internasionale Stadion - Sydney Voetbalstadion - Ballymorestadion - 2012 midjaarrugbytoetsreeks - Wêreldrugby o/20-kampioenskap - Wembley-stadion - Olimpiese Stadion (Londen) - 2012 eindjaarrugbytoetsreeks - 2013 eindjaarrugbytoetsreeks Voir davantage sur l’utilisation globale de ce fichier.
<urn:uuid:c8860c64-bebf-4746-aa5d-c0d62f4407c5>
CC-MAIN-2019-30
https://fr.wikipedia.org…er:IRFU_flag.svg
2019-07-16T14:33:13Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524568.14/warc/CC-MAIN-20190716135748-20190716161748-00002.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "mark", "by-sa", "cc-unknown" ], "in_footer": [ false, false, false, false ], "in_head": [ true, false, false, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag", "a_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "1.0", "3.0", null ] }
false
true
Latn
afr
0.824845
false
Klaasneuse Klaasneuse | |||||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Macroscelides proboscideus | |||||||||||||| Wetenskaplike klassifikasie | |||||||||||||| Genera | |||||||||||||| Klaasneuse (ook bekend as olifantmuise) is soogdiertjies wat tot die soogdierorde Macroscelidae behoort. Die klaasneuse se taksonomiese posisie binne die plasentale soogdiere was lank onseker. Hulle is as deel van die orde Insectivora beskou, maar later is hulle as deel van die orde Afrosoricida beskou wat tot die superorde Afrotheria behoort. Hulle is nou in hulle eie orde Macroscelidea geplaas wat steeds tot die Afrotheria behoort. [1] Die orde Macroscelidea is klein en bevat net een familie, die Macroscelididae, met 4 genera en 19 spesies wat in Afrika voorkom. Hulle is goeie springers met agterste ledemate wat baie langer as die die voorste ledemate is. Hulle kan so groot wees as 'n groot rot of eekhoring of so klein as 'n muis. Van die spesies het opvallende kleure.[1] Klaasneuse is nagdiere en vreet veral insekte maar ook vrugte en sade. Hulle het beweeglike snoete, groot oë en ore, en lang, kragtige agterbene. Hulle maak alarm deur met hul agterpote op die grond te rammel. Sien ook[wysig | wysig bron] - Klein vyf diere - Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere - Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike name - Suider-Afrikaanse soogdiere en hul ordes
<urn:uuid:278f48c4-ae5b-48d1-9452-70a0db5c8be9>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Klaasneuse
2019-07-17T19:06:44Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525374.43/warc/CC-MAIN-20190717181736-20190717203736-00162.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999904
false
Park Rynie Park Rynie | | Park Rynie se ligging in KwaZulu-Natal Koördinate: Koördinate: | | Land | Suid-Afrika | ---|---| Provinsie | KwaZulu-Natal | Distrik | Ugu | Munisipaliteit | uMdoni | Oppervlak[1] | | - Dorpie | 7,81 km² (3 vk m) | Bevolking (2011)[1] | | - Dorpie | 3 732 | - Digtheid | 478/km² (1 238/myl2) | Rasverdeling (2011)[1] | | • Blank | 11.5% | • Indiër/Asiër | 48.0% | • Kleurling | 5.1% | • Swart | 34.8% | • Ander | 0.6% | Taal (2011)[1] | | • Engels | 65.2% | • Zoeloe | 23.7% | • Xhosa | 3.7% | • Afrikaans | 3.6% | • Ander | 3.8% | Poskode (strate) | 4182 | Poskode (posbusse) | 4182 | Park Rynie is 'n vakansiedorp aan die KwaZulu-Natalse kus van Suid-Afrika. Die dorpie is net suid van Scottburgh. Die dorpie is ontwikkel op grond wat deur 'n maatskappy gekoop is in 1857. Die oord is vernoem na Catherine Renetta, die vrou van John Philip Hoffman, een van die vennote van die maatskappy, wie se bynaam Rynie was. Daar is nog oorblyfsels te sien van 'n walvisstasie wat voor die Eerste Wêreldoorlog gebou is, onder andere die breekwater (Rocky Bay-seehoof) en die skeepshelling wat deur die vissersbote gebruik was. Sien ook[wysig | wysig bron] Verwysings[wysig | wysig bron] - "Subplek Park Rynie". Sensus 2011.
<urn:uuid:09152dae-8b14-44d2-a15a-0772d78909ec>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Park_Rynie
2019-07-17T18:43:22Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525374.43/warc/CC-MAIN-20190717181736-20190717203736-00162.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998105
false
Skukuza-lughawe Skukuza-lughawe | ||| ---|---|---|---| 'n Comair Douglas DC-3 in 1973 by Skukuza-lughawe | ||| IATA: SZK – ICAO: FASZ | ||| Opsomming | ||| Tipe lughawe | Openbaar | || Eienaar | SANParke | || Operateur | Airlink | || Bedien | Krugerwildtuin | || Ligging | Skukuza, Mpumalanga, Suid-Afrika | || Hoogte bo seevlak | 1020 vt / 311 m | || Landkaart | ||| Ligging in Mpumalanga | ||| Aanloopbane | ||| Rigting | Lengte | Oppervlak | | m | vt | || 17/35 | 1550 | 5085 | Teer | Bronne: Suid-Afrikaanse Lugvaartinligtingspublikasie[1] | Fasiliteite[wysig | wysig bron] Die lughawe lê 311 meter (1020 voet) bo seevlak en beskik oor een geteerde aanloopbaan (aangedui as 17/35) van 1550 meter lank.[1] Volgens nuusberigte is daar in 2014 'n netjiese nuwe terminaalgebou by die lughawe opgerig, wat in die styl is van die luukse lodges wat dit bedien.[2] Geskeduleerde vlugte[wysig | wysig bron] Verwysings[wysig | wysig bron] - "Lughawekaart vir FASZ – SKUKUZA" (PDF). Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid. 8 Julie 2004. - ( ) Wild Card Blog: Skukuza flights to resume after 10 years URL besoek op 15 Junie 2014 Eksterne skakels[wysig | wysig bron] Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
<urn:uuid:88032984-00c8-4f18-8d7b-971037e161d4>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Skukuza-lughawe
2019-07-17T19:11:46Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525374.43/warc/CC-MAIN-20190717181736-20190717203736-00162.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999559
false
Providence Kaart | Seël | Vlag | | Land | Verenigde State | Deelstaat | Rhode Island | Administratiewe distrik (county) | Providence | Koördinate | Koördinate: | Oppervlak: | | - Totaal | 53 vk km | Hoogte bo seevlak | 23 m | Bevolking: | | - Totaal (2015) | 179 207 | - Bevolkingsdigtheid | 3 381/vk km | - Metropolitaanse gebied | 1 630 956 | Tydsone | EST (UTC -5) | - Somertyd | EDT (UTC -4) | Klimaat | | - Tipe | Kontinentale klimaat | - Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 10 °C | - Gem. temp. Januarie/Julie | -2,3 / 22,6 °C | - Gemiddelde jaarlikse neerslae | 1156,5 mm | Burgemeester | Angel Taveras | Amptelike webwerf | providenceri.com | Providence is die hoofstad en grootste stedelike nedersetting van die deelstaat Rhode Island in die Verenigde State van Amerika, met 'n bevolking van naastenby 180 000. Dit maak van Providence die derde mees bevolkte nedersetting van Nieu-Engeland, na Boston en Worcester. Die metropolitaanse gebied van Providence met 'n bevolking van 1,6 miljoen strek oorkant die deelstaatgrens tot die suide van Massachusetts. Providence is geleë in die gelyknamige administratiewe distrik (Engels: Providence County), by die Providence-rivier se monding in die Atlantiese Oseaan. Narragansett-baai, waarin die rivier uitmond, is 'n groot natuurlike seehawe. Providence is as een van die oudste Europese nedersettings in die VSA in 1636 gestig deur Roger Williams, 'n godsdienstige balling uit die Massachusetts Bay-kolonie, en genoem ter ere van "God se genadevolle voorsienigheid" (Engels: providence) wat, soos die oortuiging van Williams en sy aanhangers, 'n beslissende rol gespeel het in hul soek na 'n veilige toevlugsoord. Die naam "Providence" is deel van die amptelike naam van die deelstaat: Rhode Island and the Providence Plantations. Providence was een van die eerste nywerheidstede in die Verenigde State wat ekonomies oorspronklik op tekstielvervaardiging gesteun het. Later is nuwe bedrywe hier gevestig wat onder meer werktuigmasjiene, juweliers- en silwerware vervaardig het. Alhoewel enkele fabrieke steeds in die gebied gesetel is, is die dienstesektor tans die belangrikste verskaffer van werksgeleenthede. Agt hospitale en sewe hoërwysinstellings dra by tot Providence se huidige bemarking as "Kreatiewe Hoofstad" nadat dit vroeër bekend gestaan het as die "Byekorf van Nywerhede" (Beehive of Industry). Inhoud DemografieWysig Ongeveer 10,5 % van die bevolking is ouer as 65 jaar. Die aantal inwoners het van 160 281 in 1990 na 173 618 in 2000 gestyg. OnderwysWysig KlimaatWysig In Januarie is die gemiddelde temperatuur -2,3 °C, in Julie is dit 22,6 °C. Jaarliks val gemiddeld 1156,5 mm neerslag (inligting is gebaseer op die meetperiode 1961-1990). SusterstedeWysig - Florence (Italië) Hoofstede van die Verenigde State | |||| ---|---|---|---|---|
<urn:uuid:04cfa4f6-77ab-44d2-bdfc-dc040fcfc031>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Providence
2019-07-18T23:27:11Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525863.49/warc/CC-MAIN-20190718231656-20190719013656-00322.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99913
false
Hulp Kategorie:Nedersettings in Pays de la Loire in Wikipedia, die vrye ensiklopedie Jump to navigation Jump to search Bladsye in kategorie "Nedersettings in Pays de la Loire" Die volgende 4 bladsye is in hierdie kategorie, uit 'n totaal van 4. A Angers I Indre M Le Mans N Nantes Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Kategorie:Nedersettings_in_Pays_de_la_Loire&oldid=1605269 " Kategorieë : Pays de la Loire Nedersettings in Frankryk Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Kategorie Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Ander projekte Wikimedia Commons Druk/eksporteer Skep boek Laai af as PDF Drukbare weergawe Gereedskap Skakels hierheen Verwante veranderings Spesiale bladsye Permanente skakel Bladinligting Wikidata-item Ander tale Aragonés العربية Boarisch Беларуская (тарашкевіца) Čeština Deutsch English Español فارسی Lëtzebuergesch Nederlands Polski Scots Svenska West-Vlams Wysig skakels Die bladsy is laas op 7 November 2017 om 15:54 bygewerk. Die teks is beskikbaar onder die lisensie Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel . Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting. Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:261a7ccc-8d3f-4137-a2c7-076b15ae98fd>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Nedersettings_in_Pays_de_la_Loire
2019-07-20T05:47:20Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526446.61/warc/CC-MAIN-20190720045157-20190720071157-00482.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99651
false
Russiese Rewolusie (1917) Die Russiese Rewolusie van 1917 het die Russiese keiserryk tot 'n val gebring. 'n Voorlopige regering wat gevorm is ná die abdikasie van tsaar Nikolaas II was ondoeltreffend en ongewild en hul mag is uiteindelik deur die Bolsjewiste oorgeneem. Die rewolusie is gevolg deur die Russiese Burgeroorlog (1917 tot 1922) tussen die Rooi Leër van die Bolsjewiste en rewolusionêre en die Wit Leër van die monargiste, konserwatiewe en gematigde sosialiste wat teen die drastiese hervormings van die Bolsjewiste was. Ná die burgeroorlog het die Sowjetunie in 1922 tot stand gekom. Russiese Rewolusie (1917) | ||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---| Deel van die Eerste Wêreldoorlog | ||||||| Die kruiser Aurora, wat die begin van die Oktober-rewolusie met ’n kanonskoot aangekondig het; die Aurora lê steeds in Sint Petersburg voor anker. | ||||||| Strydende partye | ||||||| Keiserlike Regering | Petrograd-sowjet | |||||| Aanvoerders | ||||||| Nikolaas IIa | Wladimir Lenin | |||||| Sterkte | ||||||| Russiese weermag: Onbekend | Rooi Leër: 200 000 | |||||| a. tot 15 Maart 1917. | Inhoud HooftrekkeWysig Die Russiese Rewolusie kan in drie hooftrekke verdeel word: - Die Februarie-rewolusie (Maart volgens die Gregoriaanse kalender), wat spontaan begin het weens groot ontevredenheid oor voedseltekorte en die outokrasie van Nikolaas II, die laaste tsaar van Rusland. Dit het gelei tot die val van die 300-jaar oue Romanof-dinastie en die stigting van 'n voorlopige regering, eers onder voorsitterskap van prins Georgi Lwof en later Aleksander Kerenski van die Sosiaal-Rewolusionêre Party. - 'n Periode van dubbele mag, waartydens die staatsmag in die hande van die voorlopige regering was terwyl politieke linkses en die laer klasse die nasionale netwerk van sowjets (rade) onder die sosialiste gesteun het. - Die Oktober-rewolusie (November volgens die Gregoriaanse kalender), waarin die Bolsjewiste-party onder Wladimir Lenin en die sowjets die voorlopige regering omvergewerp het en 'n drastiese verandering gebring het aan die sosiale struktuur van Rusland. AgtergrondWysig Aan die begin van 1917 was Rusland gereed vir 'n rewolusie – en in dié jaar was daar dan ook twee: die eerste, die Februarie-rewolusie, het vinnig versprei en beter sosiale geleenthede geskep, maar ook groot onsekerheid. Die vinnige industrialisasie van Rusland het gelei tot 'n oorbevolking en swak lewensomstandighede in die stede. Landelike dorpenaars het dikwels tussen landbou- en nywerheidswerkomgewings gewissel en baie het permanent na die stede getrek. Tussen 1890 en 1910 het die bevolking van die hoofstad, Sint Petersburg (vanaf 1914 Petrograd genoem), gegroei van 1 033 600 tot 1 905 600. 'n Middelklas van witboordjie-werknemers, sakelui en professionele mense (dokters, prokureurs, onderwysers, joernaliste, ingenieurs, ens.) was aan die ontstaan. Selfs die adellikes moes nuwe maniere vind om in hierdie veranderende ekonomie te bestaan, en nuwe klasse het gevorm (bv. proletariate en kapitaliste), alhoewel hierdie klasse weer verdeel was in groepe volgens status, geslag, ouderdom, etnisiteit en geloof. Dit het al hoe moeiliker geword om te onderskei tussen sosiale groepe. Nie net was die groepe in baie opsigte verdeel nie, maar hul grense het ook al hoe meer vervaag vanweë die ontstaan van verstedelikte boere, werker-intellektuele, middelklas-professionele, ens. Teen 1917 moes Nikolaas II oortuig gewees het dat hervormings onvermydelik was vanweë die groeiende politieke bewuswording, die impak van rewolusionêre idees en die ondoeltreffende regeringstelsel (wat verder verswak is deur deelname aan die Eerste Wêreldoorlog). Die mense van Rusland was gekant teen die outokrasie van Nikolaas II en die korrupte en anachronistiese elemente in sy regering. Hy was uit voeling met die behoeftes en aspirasies van die Russiese volk, van wie die meerderheid slagoffers was van die haglike sosiaal-ekonomiese toestande wat geheers het. Op sosiale vlak was die land agter die res van Europa wat betref nywerheid en landbou, en daar was dus min geleenthede vir boere en nywerheidswerkers. Baie werkers het in die stede te doen gekry met materiële dinge wat hulle nooit in die klein dorpies gesien het nie. En die belangrikste van alles: In die stede is hulle blootgestel aan nuwe idees oor die sosiale en politieke orde.[1][2] Op ekonomiese vlak het wydverspreide inflasie en voedseltekorte bygedra tot die toestande vir 'n rewolusie. Op militêre vlak het onvoldoende voorrade, logistiek en wapens gelei tot groot verliese tydens die Eerste Wêreldoorlog. Uiteindelik het hierdie faktore, saam met die ontwikkeling van rewolusionêre idees en bewegings (veral in die jare ná 1905 se Bloedige Sondag-tragedie), tot uitbarsting gekom. Die sosiale oorsaak van die rewolusie spruit hoofsaaklik uit eeue van onderdrukking van die laer klasse deur die tsaars, asook Nikolaas II se neerlae in die Eerste Wêreldoorlog. Hoewel lyfeienes in 1861 bevry is, moes hulle nog teen hul sin vrykoopgeld aan die staat betaal en hul omstandighede het nie veel verbeter nie. Die probleem is vererger deur die mislukking van Sergei Witte se landhervormings van die vroeë 1900's. Onrus en opstande het toenemend onder die boere voorgekom met die doel om eienaarskap te kry van die grond wat hulle bewerk het. Die Eerste WêreldoorlogWysig - Hoofartikel: Eerste Wêreldoorlog. Die Eerste Wêreldoorlog het tot die chaos bygedra. Een van die redes dat Nikolaas in 1914 tot die oorlog toegetree het, was om die aansien van die land te herstel ná sy neerlaag in die Russies-Japannese Oorlog. Hy wou ook die talle verskillende etniese groepe verenig deur hulle te laat veg teen 'n gesamentlike vyand, naamlik Duitsland. Baie van sy kritici glo hy wou boonop die volk se aandag aflei van die armoede, ongelykheid en swak werksomstandighede wat soveel ontevredenheid veroorsaak het. Plaas daarvan om Rusland se politieke en militêre aansien te herstel, het Rusland geweldige verliese gely en dit het die toestande in die land vererger. Talle onwilliges is deur diensplig geraak. Die groot vraag na die vervaardiging van oorlogsvoorrade en werkers het meer werkersopstande en stakings veroorsaak. Diensplig het bekwame werkers opgeslurp en hulle is vervang deur onervare boere. Teen einde 1915 was daar talle tekens dat die ekonomie besig is om ineen te stort onder die eise van die oorlog. Die hoofoorsake was voedseltekorte en stygende pryse. Inflasie het mense se salarisse feitlik nutteloos gemaak en weens die tekorte kon hulle nie eens die goed koop wat hulle kon bekostig nie. Toe hongersnood ontstaan weens die swak spoorwegstelsel, het werkers die stede in hordes verlaat op soek na kos. Uiteindelik het selfs die soldate, wat 'n gebrek aan toerusting en blootstelling aan die elemente moes trotseer, teen die tsaar gedraai. Dit was veral omdat baie offisiere wat getrou was aan die tsaar, met die verloop van die oorlog gesneuwel het – teen einde 1914, ná net vyf maande van oorlogvoering, het byna 400 000 Russiese soldate al gesneuwel en byna 'n miljoen was beseer. Gouer as wat verwag is, moes beswaarlik opgeleide rekrute aktiewe diens doen. Baie van hulle was van die groot stede en het geen lojaliteit teenoor die tsaar gevoel nie. Aleksandra en RaspoetinWysig In die herfs van 1915 het Nikolaas II self die aanvoering van die weermag oorgeneem en na die hoofkwartier aan die grens vertrek. Hy het die regering gelaat in die hande van sy ambisieuse maar onbekwame vrou, Aleksandra. Gerugte oor korrupsie en onbevoegdheid in die regering het begin ontstaan en talle mense was gekant teen die toenemende invloed van die lekeprediker Grigori Raspoetin op die keiserlike familie. Aleksandra het geglo hy kan haar seun, die tsarewitsj Aleksei wat aan hemofilie (bloeiersiekte) gely het, gesond maak. Daar was al talle gissings oor hoe Raspoetin 'n helende uitwerking op die tsarewitsj kon gehad het aangesien die siekte destyds nie behandelbaar was nie. Dit lyk egter of hy wel direk of indirek die seun se gesondheid beïnvloed het. Tydens die oorlog is hy beskuldig van onpatriotiese beïnvloeding aan die Russiese hof. Die ongewilde tsaritsa was boonop Duits-gebore en sy is daarvan verdink dat sy 'n spioen vir die Duitsers is. In die tsaar se afwesigheid het Raspoetin se invloed op die tsaritsa verder toegeneem. Hy het gou haar vertroueling en persoonlike raadgewer geword en haar ook oorreed om sekere regeringsampte te vul met kandidate wat hy self uitgesoek het. Om nog meer mag te kry, het Raspoetin met hoëklas-vroue geslaap en ruil vir politieke gunsies, soos die bevordering van hul mans. Politieke kwessiesWysig Baie Russe, asook nie-Russiese onderdane van die kroon, het talle redes gehad om ontevrede te wees oor die bestaande outokratiese stelsel. Nikolaas II was 'n baie konserwatiewe heerser. Hy het sy kriteria van eerbaarheid, ordelikheid, familie en plig beskou as persoonlike ideale vir elke standvastige individu asook as reëls vir die gemeenskap en politiek. Van individue sowel as die gemeenskap is verwag om selfbeheersing, toewyding aan die gemeenskap en hiërargie asook 'n gees van plig teenoor die land en tradisie te openbaar. Godsdiens het dit alles help saambind: as 'n bron van troos in moeilike tye, as 'n bron van insig in die Goddelike beskikking, as 'n bron van staatsmag en outoriteit. Nikolaas II het meer as enige vorige tsaar geglo aan die mite dat die leier 'n heilige en geseënde vader vir sy volk is. Dit het hom blind gemaak vir die werklike toestande in die land: Dit was vir hom onmoontlik om te glo dat sy mag nie van God af kom nie en dat die Russiese volk nie so toegewyd aan hom was as wat hy aan hulle was nie. Hy het geweier om die demokratiese hervormings in te stel wat dalk die rewolusie kon verhoed het. Selfs nadat hy ná die 1905-rewolusie beperkte burgerregte en demokratiese verteenwoordiging toegelaat het, het hy probeer om dit in elke moontlike opsig te kniehalter om sy outokratiese outoriteit te beskerm.[3][4][5][6] Daar was 'n algemene behoefte aan 'n demokratiese stelsel en verset teen die tsaar se gesag, selfs vóór die krisis wat die Eerste Wêreldoorlog meegebring het. Ontevredenheid oor die Russiese outokrasie het 'n toppunt bereik in die groot nasionale opstand wat gevolg het op die Bloedige Sondag-slagting van Januarie 1905, toe Russiese werkers moes toesien hoe hulle oproepe vir geregtigheid verwerp word toe die tsaar se troepe honderde vreedsame deelnemers aan 'n optog doodskiet. Werkers het daarop gereageer met verlammende stakings regoor die land en Nikolaas II so gedwing om sy Oktober-manifes te onderteken. Daarin is voorsiening gemaak vir 'n demokratiese parlement of staatsdoema. Hy het egter min samewerking gegee om die regering te laat werk en drome van 'n demokratiese Rusland het verydel. Regeringsamptenare was bekommerd oor hoe lank die mense se geduld sou duur. 'n Verslag deur die Petrograd-tak van die veiligheidspolisie, die Ochrana, in Oktober 1916 bevat 'n waarskuwing oor "die moontlikheid in die nabye toekoms van opstande deur die laer klasse van die land wat woedend is oor die las van hul daaglikse bestaan."[7] Nikolaas is vir al die krisisse in die land geblameer en die bietjie ondersteuning wat hy gehad het, het begin verkrummel. Terwyl ontevredenheid toegeneem het, het die staatsdoema in November 1916 'n waarskuwing tot Nikolaas gerig dat 'n vreeslike ramp die land sonder twyfel sou tref tensy 'n grondwetlike regeringsvorm ingestel word. Op sy tipiese manier het Nikolaas hulle geïgnoreer. 'n Paar maande later het die tsaar se bewind tot 'n val gekom kort ná die Februarie-revolusie. Februarie-rewolusieWysig - Hoofartikel: Februarie-rewolusie. Dié rewolusie het uitgebreek sonder enige spesifieke leierskap of vooraf beplanning. Die hoofstad, Petrograd (tans weer Sint Petersburg), was die middelpunt van die aksie. Op 23 Februarie (8 Maart volgens die Gregoriaanse kalender) het mense in die rye vir kos begin betoog. Duisende vroulike tekstielwerkers het gou daarna by hulle aangesluit. Hulle het uit hulle fabrieke geloop – deels ter viering van Internasionale Vrouedag, maar ook om teen die geweldige broodtekort te betoog. Al hoe meer mense het uit die fabrieke gestroom om by die betogers aan te sluit. Die skares het deur die strate geloop en geskree "Brood!" en "Gee ons brood!" In die volgende twee dae het die staking, wat aangemoedig is deur sosialistiese aktiviste, versprei na al die fabrieke en winkels in die stad. Teen 25 Februarie was feitlik elke nywerheidsonderneming in Petrograd, asook talle handels- en diensondernemings, gesluit. Studente, witboordjie-werkers en onderwysers het by die stakers aangesluit. In die Staatsdoema het sosialistiese en liberale afgevaardigdes besef dat hulle 'n groot probleem op hande het. Hulle het die bestaande regering veroordeel en 'n kabinet van ministers geëis. Die Doema, wat hoofsaaklik uit lede van die burgerklas bestaan het, het druk op die tsaar uitgeoefen om te abdikeer en so 'n rewolusie te voorkom. Teen Saterdag 25 Februarie het die polisie beheer oor die situasie verloor. Nikolaas, wat geweier het om die erns van die situasie in te sien, het op dié aand 'n telegram aan die hoof van die Petrogradse militêre distrik, generaal Sergei Chabalog, gestuur: "Ek beveel jou om môre 'n einde te bring aan die wanorde in die hoofstad, wat onaanvaarbaar is in dié moeilike tyd van oorlog met Duitsland en Oostenryk."[8] Die meeste van die soldate het die opdrag op die 26ste gehoorsaam, maar muiterye, wat dikwels deur offisiere van die laer range gelei is, het oornag versprei. Op die oggend van die 27ste het soldate wat gestuur is om die onrus te beëindig, aangesluit by die werkers in die strate, van wie baie teen dié tyd gewapen was. Die polisie, wat ver in die minderheid was, het self later by die stakers aangesluit. Teen die aand van die 27ste het die kabinet bedank en 'n tydelike militêre diktatorskap voorgestel, maar Rusland se militêre leiers het dit verwerp. Nikolaas, wat aan die oorlogsfront was, was geweldig gefrustreerd en bekommerd oor die skaal van die oproer. Hy het vir sy lewe gevrees. Terselfdertyd was hy bekommerd oor die toestand van sy siek seun. Hy het eindelik oorgegee en op 2 Maart geabdikeer in die hoop dat dié laaste diens aan die volk (soos hy in sy manifes sê) die onrus sal beëindig en eenheid in Rusland sal bring.[9] Kort ná hierdie ineenstorting van die Romanof-dinastie is die kroon aan Nikolaas se jonger broer, Michail, aangebied. Hy het dit geweier tensy dit die besluit van 'n verkose regering is. 'n Minderheid van Doema-afgevaardigdes het hulself daarna uitgeroep as 'n voorlopige regering onder die voorsitterskap van prins Georgi Lwof, 'n gematigde hervormingsgesinde. Aleksander Kerenski van die Sosiale Rewolusionêre Party het egter geleidelik die leierskap oorgeneem. 'n Jaar later is Nikolaas en sy hele gesin tereggestel. Op die ou einde het sy onbekwame hantering van die land en die oorlog die einde van sy bewind én sy lewe veroorsaak. Dubbele mag (dwoewlastije)Wysig Die mag van die voorlopige regering is in die wiele gery deur 'n instelling wat beweer het hy verteenwoordig die wil van die werkers en soldate – die Petrograd-sowjet van Werkerafgevaardigdes. Die model vir die sowjet (raad) was werkersrade wat tydens die 1905-rewolusie in talle Russiese stede gestig is. In Februarie 1917 het stakende werkers afgevaardigdes verkies om hulle te verteenwoordig en sosialistiese aktiviste het 'n nasionale raad gestig om hierdie afgevaardigdes te verenig met verteenwoordigers van die sosialistiese partye. Die leiers van die Petrograd-sowjet het geglo hulle verteenwoordig spesifieke klasse van die bevolking, nie die hele volk nie. Hulle het ook geglo Rusland is nie gereed vir sosialisme nie. Hulle het gemeen hulle rol is beperk tot drukuitoefening op die huiwerige burgerklas om te regeer en die instelling van omvattende demokratiese hervormings in Rusland (die vervanging van die monargie met 'n republiek, gewaarborgde burgerregte, 'n demokratiese polisie en weermag, die afskaffing van godsdienstige en etniese diskriminasie, ens.).[10] Hulle het in dieselfde gebou vergader as die voorlopige regering omdat hulle geglo het hulle sal so die beste druk op die nuwe regering kan uitoefen. Die verhouding tussen die twee magte was van die begin af kompleks en sou die politiek van 1917 oorheers. Die voorlopige regering was bereid om na die sowjet-afgevaardigdes te luister, maar sou nie enige inmenging in die regering duld nie, want dit sou 'n "onaanvaarbare situasie van dubbele mag veroorsaak".[11] Dit is egter presies wat aan die vorm was – en dit was veral weens gebeure buite hulle beheer, veral die sosiale beweging in die strate van Russiese stede, in fabrieke en winkels, in kasernes en die loopgrawe, en in die dorpe. 'n Reeks politieke krisisse – sien die chronologie hieronder – in die verhouding tussen die volk en die regering asook tussen die voorlopige regering en die sowjets (wat ontwikkel het in 'n landwye beweging met 'n nasionale leierskap, die Al-Russiese Sentrale Uitvoerende Komitee van Sowjets, of WTsIK) het die outoriteit van die voorlopige regering ondermyn, maar ook van die gematigde sosialistiese leiers in die sowjets. Hoewel die sowjet-leiers aanvanklik geweier het om deel te wees van die voorlopige regering, het Aleksander Kerenski, 'n jong en gewilde prokureur en lid van die Sosiaal-Rewolusionêre Party (SRP), ingestem om in die nuwe kabinet te dien en hy het toenemend 'n sentrale figuur in die regering en uiteindelik leier van die voorlopige regering geword. As minister van oorlog en later eerste minister het Kerenski hom vir vryheid van spraak beywer, duisende politieke gevangenes vrygelaat en sy bes gedoen om voort te gaan met deelname aan die Eerste Wêreldoorlog. Hy het egter nog verskeie groot uitdagings gehad: - Ander politieke groepe het hom probeer ondermyn. - Rusland het groot verliese aan die front gely. - Die soldate was sonder moreel en het begin dros. - Daar was groot ontevredenheid oor deelname aan die oorlog en talle oproepe dat Rusland hom onttrek. - Daar was groot tekorte aan kos en voorrade, wat moeilik was om te verbeter weens die oorlogtydse ekonomiese toestande. Die politieke groep wat hom die meeste probleme besorg het en sy bewind eindelik sou omverwerp, was die Bolsjewiste-party onder leiding van Wladimir Lenin. Lenin het in die neutrale Switserland in ballingskap gelewe, en vanweë die demokratisering van die politiek ná die Februarie-rewolusie en die daaropvolgende wettiging van voorheen verbode politieke partye, het hy die geleentheid gesien vir sy Marxistiese rewolusie. Hoewel dit moontlik was om na Rusland terug te keer, was dit weens die oorlog logisties moeilik. Eindelik het Duitse offisiere gereël dat hy deur Duitsland reis in die hoop dat sy bedrywighede sou lei tot 'n verswakking van Rusland of selfs – as die Bolsjewiste aan die bewind kom – tot die onttrekking van Rusland aan die oorlog. Lenin het in April 1917 in Petrograd aangekom. Met Lenin in Rusland het die Bolsjewiste geleidelik al hoe gewilder geword. Gedurende die lente het toenemende ontevredenheid met die voorlopige regering en die oorlog talle werkers, soldate en boere na radikale partye gedryf. Die Bolsjewiste-party het egter ondanks sy leuse van "alle mag aan die sowjets" min steun gehad in die Petrograd-sowjet, wat deur gematigdes oorheers is. Die meeste historici meen Lenin en sy aanhangers was onvoorbereid daarop dat die groter wordende golf van steun, veral onder invloedryke groepe werkers en soldate, hulle in die somer van 1917 aan die bewind sou plaas. Op 18 Junie het die voorlopige regering 'n mislukte aanval teen Duitsland geloods. Kort daarna het ontevrede soldate nuwe bevele verontagsaam. Die rewolusionêre klimaat is verder aangevuur deur die aankoms van radikale matrose van die vlootbasis Kronstadt wat baie offisiere, onder andere 'n admiraal, verhoor en tereggestel het. Die soldate, matrose en werkers het in Julie protesoptogte in Petrograd gehou en 'n beroep gedoen op "alle mag aan die sowjets". Lenin en die Bolsjewiste-leiers het egter die opstand verwerp en dit het binne dae doodgeloop. Die voorlopige regering het die Bolsjewiste vir die opstand, wat as die "Julie-dae" bekend staan, blameer. Lenin, wat bang was hy word gearresteer, het na Finland gevlug. Leon Trotsky en ander vooraanstaande Bolsjewiste is gearresteer. Die Kornilof-saakWysig Die Kornilof-saak was nog 'n vonk vir die rewolusie. Kerenski, wat in die voorlopige regering en die Petrograd-sowjet gedien het, het gevoel hy kort 'n betroubare militêre leier. Kort ná die aanstelling van Lawr Kornilof het Kerenski hom egter daarvan beskuldig dat hy sy eie militêre diktatorskap probeer vestig. Dit is steeds onseker of dit wel die geval was. Kornilof, oortuig dat Kerenski onder druk van die Bolsjewiste optree, het gereageer deur 'n beroep op alle Russe te doen om hul "sterwende land te red". Hy het ook soldate na Petrograd gestuur om die stad te "bevry". Onseker van die steun onder sy offisiere, het Kerensi onder meer hulp van die Bolsjewiste gevra. Hul invloed oor spoorweg- en telegraaf-werkers het grootliks daartoe bygedra dat die soldate gestuit is. Die Bolsjewiste se rol in die voorkoming van 'n staatsgreep het hul posisie geweldig versterk. Vroeg in September het die Sowjetraad die Bolsjewiste uit die tronk vrygelaat en Trotsky het hoof van die Petrograd-sowjet geword. Die regering en selfs die ander partye soos die Mensjewiste het intussen al hoe ongewilder geraak. In Oktober het Lenin na Petrograd teruggekeer, bewus daarvan dat die toenemend radikale stad reg was vir 'n tweede rewolusie. Die Bolsjewiste se sentrale komitee het 'n resolusie opgestel waarin die ontbinding van die voorlopige regering gevra word ten gunste van die Petrograd-sowjet. Die resolusie is aanvaar met tien stemme teenoor twee – en die weg is gebaan vir die Oktober-rewolusie. Oktober-rewolusieWysig - Hoofartikel: Oktober-rewolusie. Die oorname van mag was grotendeels vreedsaam. Op 25 Oktober (7 November volgens die Gregoriaanse kalender) 1917 het die Bolsjewiste die belangrikste regeringsgeboue in Petrograd sonder veel teenstand beset. In die nag van 25 op 26 Oktober het hulle die Winterpaleis (die setel van die voorlopige regering) oorgeneem. Die aanval het om 21:45 begin en is aangekondig deur 'n loskruitskoot vanaf die kruiser Aurora. Die Aurora lê steeds in Sint Petersburg voor anker. Die Winterpaleis is omstreeks 02:00 beset. Die amptelike datum van die rewolusie is 25 Oktober, toe al die geboue behalwe die Winterpaleis oorgeneem was. Latere amptelike dokumente uit die Sowjetunie sou die rewolusie veel dramatieser voorstel as wat dit werklik was. In latere rolprente word gewys hoe die Winterpaleis bestorm word en groot gevegte plaasvind, maar in werklikheid het die rebelle geen teenstand ervaar nie en kon hulle feitlik net in die gebou instap en dit oorneem. Die opstand is so beplan dat die staatsmag oorhandig kon word aan die Tweede Al-Russiese Kongres van Sowjets, wat op 25 Oktober begin het. Op die kongres was 650 verkose afgevaardigdes; 390 was Bolsjewiste en sowat 100 was linkse Sosiaal-Rewolusionêre, wat ook ten gunste van die omverwerping van die Kerenski-regering was. Toe die besetting van die Winterpaleis aangekondig word, het die kongres 'n edik aanvaar wat die mag oorhandig aan die Sowjets van Afgevaardigdes van Werkers, Soldate en Boere. Daar was egter ontevredenheid onder die Mensjiwiste en gematigde en regse vleuels van die Sosiaal-Rewolusionêre wat geglo het Lenin en die Bolsjewiste het die mag onwettig oorgeneem. Hulle het uitgeloop voor die resolusie aanvaar is. De volgende dag het die kongres 'n Raad van Volkskommissare (Sownarkom) verkies as basis van 'n nuwe sowjetregering, hangende die sameroeping van 'n grondwetgewende vergadering. Oorsig van gebeure tot 1917Wysig Datum | Gebeure | ---|---| 1855 | Aleksander II kom aan die bewind | 1861 | Bevryding van lyfeienes | 1874–81 | Groeiende terroriste-verset teen die regering; teenreaksie deur die regering | 1881 | Aleksander II sterf in sluipmoordaanval; opgevolg deur Aleksander III | 1883 | Eerste Russiese Marxistiese groep gestig | 1894 | Nikolaas II kom aan die bewind | 1898 | Eerste kongres van die Russiese Sosiaal-Demokratiese Arbeidersparty (RSDAP) | 1903 | Tweede kongres van die Russiese Sosiaal-Demokratiese Arbeidersparty; begin van skeuring tussen die Bolsjewiste en Mensjewiste | 1904-'05 | Russies-Japannese Oorlog; Rusland verloor oorlog | 1905 | Russiese Rewolusie van 1905 | Januarie 1905 | Bloedige Sondag | Junie 1905 | Muitery op die oorlogskip Potjomkin by Odessa in die Swartsee | Oktober 1905 | Algemene staking | 1912 | Finale skeuring tussen Bolsjewiste en Mensjewiste | Junie – Julie 1914 | Algemene stakings in Sint Petersburg | 19 Julie 1914 | Duitsland verklaar oorlog teen Rusland, en dit bring 'n gevoel van patriotiese eenheid in die land en verminder die onrus | 18 Augustus 1914 | Sint Petersburg word hernoem na Petrograd in 'n veldtog om Duitsklinkende name na meer Russiese, en dus meer patriotiese, name te verander | 5 November 1914 | Bolsjewiste-lede van die Doema word gearresteer; hulle word later verhoor en na Siberië verban | 9 Julie 1915 | Russiese magte trek terug in Rusland in | 23 Augustus 1915 | Uit reaksie op terugslae in die oorlog en 'n vyandiggesinde Doema, neem die tsaar oor as aanvoerder van die gewapende magte en trek na die militêre hoofkwartier by Mogilef. Sentrale regering begin ineenstort | Januarie – Desember 1916 | Ondanks suksesse in die Broesilof-offensief word die Russiese deelname aan die oorlog steeds gekenmerk deur tekorte, swak bevelvoering, dood en drosting. Weg van die front is daar hongersnood, hoë inflasie en 'n toeloop van vlugtelinge. Soldate en burgerlikes lê die blaam op die tsaar en sy regering | 29 Februarie 1916 | Ná 'n maand van stakings by die Poetilof-fabriek stuur die regering die werkers vir diensplig en neem produksie oor; protesstakings volg | Oktober 1916 | Soldate van 181ste Regiment help stakende Roesski Renault-werkers teen die polisie veg | 17/18 Desember 1916 | Raspoetin word vermoor deur prins Feliks Joesoepof | 30 Desember 1916 | Die tsaar word gewaarsku dat sy weermag hom nie sal steun in 'n rewolusie nie | Chronologiese gebeure van 1917Wysig Datum (Juliaanse kalender) | Datum (Gregoriaanse kalender) | Gebeure | ---|---|---| Januarie | Stakings en onrus in Petrograd | | Februarie | Maart | Februarie-rewolusie | 23 Februarie | 8 Maart | Internasionale Vrouedag: stakings en optogte in Petrograd, wat 'n paar dae duur | 26 Februarie | 11 Maart | 50 betogers gedood in Znamenskaja-plein; tsaar Nikolaas II verdaag die Doema en gee opdrag dat die onrus tot elke prys beëindig moet word | 27 Februarie | 12 Maart | Soldate weier om op betogers te skiet; Ochrana-geboue word aan die brand gesteek; soldate sluit by betogers aan; Petrograd-sowjet gestig | 2 Maart | 15 Maart | Nikolaas II abdikeer; voorlopige regering gestig onder eerste minister prins Lwof | 3 April | 16 April | Wladimir Lenin keer terug na Rusland; hy publiseer sy April-tesis | 20 April | 3 Mei | Die "April-dae": massabetogings deur werkers, soldate en ander in die strate van Petrograd en Moskou; eerste voorlopige regering misluk | 3 Junie | 16 Junie | Eerste Al-Russiese Kongres van Afgevaardigdes van Werkers en Soldate begin in Petrograd; Sentrale uitvoerende Komitee van Sowjets (WTsIK) verkies | 16 Junie | 29 Junie | Kerenski loods aanval teen Oostenryks-Hongaarse magte; slegs aanvanklike sukses | 3 Julie | 16 Julie | Die "Julie-dae": massabetogings in Petrograd, aangevuur deur die Bolsjewiste | 7 Julie | 20 Julie | Lwof bedank en vra Kerenski om eerste minister te word en 'n nuwe regering te vorm | 26 Augustus | 8 September | Kornilof-opstand, toe die aanvoerder van die Russiese weermag, generaal Lawr Kornilof, eis (of volgens Korenski eis) dat die regering hom alle burgerlike en militêre mag gee en troepe na Petrograd stuur | 1 September | 14 September | Rusland word as republiek verklaar | 20 Oktober | 2 November | Eerste vergadering van die Militêre Rewolusionêre Komitee van die Petrograd-sowjet | 25 Oktober | 7 November | Oktober-rewolusie begin toe gewapende werkers en soldate belangrike regeringsgeboue in Petrograd beset. Die Winterpaleis word in die nag oorgeneem. Kerenski vlug uit Petrograd. Opening van die Tweede Al-Russiese Konfres van Sowjets | 26 Oktober | 8 November | Tweede Al-Russiese Konfres van Sowjets: Die kongres keur die oordrag van staatsmag aan homself goed, asook die oordrag van plaaslike mag aan die plaaslike sowjets; keur die stigting van 'n nuwe regering, die Raad van Volkskommissare (Sownarkom), goed met Lenin as voorsitter. | In die kultuurWysig Die Russiese Rewolusie is in verskeie rolprente uitgebeeld. - Arsenal (IMDB). Draaiboek en regisseur: Aleksandr Dovzhenko. - Konets Sankt-Peterboerga, ook bekend as The End of Saint Petersburg (IMDB). - Lenin w 1918 godoe, ook bekend as Lenin in 1918 (IMDB). Regisseurs: Mikhail Romm en E. Aron (mede-regisseur). - October: Ten Days That Shook the World (IMDB). Regisseurs: Sergei M. Eisenstein en Grigori Aleksandrov. Swart-wit. Stil. - The End of Saint Petersburg, Vsevolod Pudovkin, USSR, 1927. - Reds (IMDB). Regisseur: Warren Beatty. Gebaseer op die boek Ten Days that Shook the World. - Anastasia (IMDB). Regisseurs: Don Bluth en Gary Goldman. - Doctor Zhivago (IMDB). Regisseur: David Lean. Gebaseer op die boek van Boris Pasternak. - The White Guard, Mikhail Bulgakov, 1926. Sien ookWysig VerwysingsWysig - Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Russian Revolution (1917) - Reginald Zelnik, Labor and Society in Tsarist Russia: The Factory Workers of Saint Petersburg, 1855–1870. Stanford, 1971 - Victoria Bonnell, Roots of Rebellion: Workers’ Politics and Organizations in Saint Petersburg and Moscow, 1900–1914. Berkeley, 1983 - Dominic Lieven, Nicholas II: Emperor of all the Russias. Londen, 1993 - Andrew Verner, The Crisis of the Russian Autocracy: Nicholas II and the 1905 Revolution. Princeton, 1990 - Mark Steinberg en Vladimir Khrustalev, The Fall of the Romanovs: Political Dreams and Personal Struggles in a Time of Revolution. New Haven, 1995 - Richard Wortman, Scenarios of Power, vol. 2. Princeton, 2000. - "Doklad petrogradskogo ochrannogo otdelenia osobomoe otdeloe departamenta politsii" ["Verslag van die Petrogradse Ochrana aan die spesiale afdeling van die departement van polisie"], Oktober 1916, Krasni archif 17 (1926), 4–35 (quotation 4). - Aangehaal deur Chabalof in sy getuienis van 22 Maart 1917, in Padenije tsarskogo rezjima: stenografitsjeskije otsjetoe doprosof i pokazanii, dannich w 1917 g. w Tsjrezwitsjainoi Sledstwennoi Komissii Wremennogo Prawitel'stwa [Die val van die tsaristiese regime: stenografiese verslae van die ondervraging en getuienis in 1917 voor die Buitengewone Kommissie van Ondersoek van die Voorlopige Regering], red. P. E. Shchegolev, 7 vol. (Moskou en Leningrad, 1924–1927), 1: 190–91. - Mark Steinberg en Vladimir Khrustalev, Fall of the Romanovs, 50. - N. N. Sukhanov, The Russian Revolution: A Personal Record, red. en vert. Joel Carmichael (Oxford, 1955; oorspronklik in 1922 in Russies gepubliseer), 101–8. - "Zjoernal [No. 1] Soweta Ministrof Wremennogo Prawitel'stwa," 2 Maart 1917, Staatsargief van die Russiese Federasie, f. 601, op. 1, d. 2103, l. 1 - Edward Acton, Vladimir Cherniaev en William G. Rosenberg, red. A Critical Companion to the Russian Revolution, 1914–1921 (Bloomington, 1997). - Cambridge History of Russia, vol. 2–3, England: Cambridge University Press. ISBN 0-521-81529-0 (vol. 2) ISBN 0-521-81144-9 (vol. 3). - Figes, Orlando. A People's Tragedy: The Russian Revolution 1891–1924, : ISBN 0-14-024364-X (sagteband) ISBN 0-670-85916-8 (hardeband). - Fitzpatrick, Sheila. The Russian Revolution. 199 ble. Oxford University Press. 1 Desember 2001. ISBN 0-19-280204-6. - Lincoln, W. Bruce. Passage Through Armageddon: The Russians in War and Revolution, 1914–1918. (New York, 1986). - Malone, Richard. Analysing the Russian Revolution, : ISBN 0-521-54141-7, Melbourne, Cambridge University Press; eerste uitgawe, 2004. - Pipes, Richard. The Russian Revolution (New York, 1990). - Steinberg, Mark, Voices of Revolution, 1917. Yale University Press, 2001. Verdere leesstofWysig Oorspronklike dokumenteWysig - Ascher, Abraham, red., The Mensheviks in the Russian Revolution. Ithaca, 1976. - Avrich, Paul, red., The Anarchists in the Russian Revolution. Ithaca, 1973. - Browder, Robert Paul en Kerensky, Alexander F., red., The Russian Provisional Government, 1917: Documents. 3 volumes. Stanford, 1961. - Bunyan, James en Fisher, H. H., red., The Bolshevik Revolution, 1917–1918: Documents and Materials. Stanford, 1961; eerste opgawe 1934). - Steinberg, Mark D., Voices of Revolution, 1917. In die reeks “Annals of Communism”. Yale University Press, 2001. Ander boekeWysig - Goldston, Robert, The Russian Revolution, 1966. Eksterne skakelsWysig Wikimedia Commons bevat media in verband met Russian Revolution of 1917. | - Chronology of the Russian Revolution World History Database - Avrahm Yarmolinsky, Road to Revolution: A Century of Russian Radicalism, 1956. - Sowjet-geskiedenisargief by www.marxists.org - Russiese Rewolusie-argief by www.libcom.org - Eerste jaar van die Russiese Rewolusie van die Victor Serge-internetargief by Marxists Internet Archive. © 1972 Peter Sedgwick. - Précis of Russian Revolution 'n Opsomming van die sleutelgebeure. - Kevin Murphy se Isaac en Tamara Deutscher-gedenkpryslesing Can We Write the History of the Russian Revolution, wat kyk na historiese verslae oor 1917 in die lig van nuwe argiefmateriaal. - Die Oktober-rewolusie-argief - From Liberty to Brest-Litovsk Ooggetuie van die eerste jaar van die rewolusie. - Let History Judge Russia’s Revolutions, kommentaar deur Roy Medvedev, Project Syndicate, 2007.
<urn:uuid:52c99d8a-b8d6-45a1-917b-56185c7ea3f2>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Russiese_Rewolusie_(1917)
2019-07-21T13:32:56Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527000.10/warc/CC-MAIN-20190721123414-20190721145414-00082.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999959
false
NG gemeente Meyerton Die NG gemeente Meyerton is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Sinode Goudland (voorheen Sinode van Wes-Transvaal). Die gemeente is gestig in 1947. Die kerkgebou is geleë op die hoek van Loch- en Verwoerdstraat, Meyerton. In 2013 was die gemeente vakant. Daar was in daardie jaar 213 doop- en 837 belydende lidmate. Geskiedenis[wysig | wysig bron] Op die middag van 15 Maart 1947 stig die gemeente Meyerton af van die moedergemeente Vereeniging. Die Ringskommissie, bestaande uit di C.B. Brink (voors.), A.M. Meiring en H.J. Piek (scriba), voer die opdrag van die Ring van Johannesburg uit voor 'n goed verteenwoordigende vergadering. Ds. J.J. Odendaal tree namens die moedergemeente op. Die volgende persone word as ampsdraers gekies: P.J. du Plessis, G. Pretorius, J.P. Steynberg, J.R. Koekemoer, J.H. van Loggerenberg, F. Henning, J.S.F. Botha, A.S. Steynberg, S.J. Strydom, P.J.J. Pretorius, J.G. van Jaarsveldt, C.M. Norval, C.J.J. McDonald as ouderlinge, en P.L. Moolman, R.P.F. Mouton, J.O. Swarts, H.J. Geyer, R. Swanevelder, P.J. van Aswegen, J.M. van der Merwe, J.C. Els, C.J. Opperman en J.S. van Niekerk as diakens. Nadat 'n paar beroepenes bedank het, aanvaar ds. L.M. Cilliers die taak en word op 8 November 1947 feestelik ontvang in ’n groot tent wat vir dié doel met pale en seile opgerig is. Hierin vier die gemeente ook sy eerste Nagmaal en word sy eerste basaar gehou. Maar voortaan moet die gemeente gebruik maak van skoolgeboue om die eredienste in te hou. Dit was moeilike dae van beperkte ruimte en nou bankies om in te sit, maar die gemeente was dankbaar en het ook so sy Nagmale gehou. Ná 'n kort tydjie word daar op Meyerton 'n stadsaal ingewy en kon dit met sy groter ruimte ook gebruik word om die sentrale dienste van die gemeente te huisves. Die behoefte aan 'n eie gebou het egter by die dag gegroei en gedurende 1950 kom daar op wonderlike wyse drie kerksale tot stand. Die gemeente, soos min ander in die land, bestaan uit ses verskillende dorpies, naamlik Rothdene, Kookrus, Riversdal, Meyerton, Daleside en Kliprivier, en om in die behoefte van almal so goed moontlik te voorsien, word die sale te Kookrus, Meyerton en Daleside gebou. Die gemeente het met ongeveer 770 lidmate afgestig, maar groei so vinnig dat reeds teen die einde van 1948 die duisendtal bereik is. Bearbeiding het dit noodsaaklik gemaak om hulp te kry en vanaf die begin van 1950 was eerw. prop. Fanie du Toit alhier werksaam tot einde Mei, toe hy na sy eie gemeente, Rosendal, moes vertrek. Ná sy vertrek moes die werk onder een leraar voortgaan. Eerw. J.P.J. Zeeman het egter met aanddienste kon help. Bronne[wysig | wysig bron] - Small, Mario (samesteller). 2013. Jaarboek van die NG Kerke. Wellington: Tydskriftemaatskappy van die NG Kerk NPC - 'n divisie van Bybel-Media. Enkele leraars[wysig | wysig bron] - Lambertus Merthinus Cilliers, 1947 – 1959 - Lourens Daniël Delport, 1963 - 1967 - Gert Johannes Cloete, 1973 - 1976 - Christiaan Rudolph de Wet, 1988 – hede
<urn:uuid:bfffda8b-0e3d-4442-9ef5-9d319464aa09>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/NG_gemeente_Meyerton
2019-07-24T00:55:36Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530246.91/warc/CC-MAIN-20190723235815-20190724021815-00402.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99994
false
Hulp Bladsye wat na "Akademiese drag" skakel ← Akademiese drag Jump to navigation Jump to search Skakels hierheen Bladsy: Naamruimte: alle (Hoof) Bespreking Gebruiker Gebruikerbespreking Wikipedia Wikipediabespreking Lêer Lêerbespreking MediaWiki MediaWikibespreking Sjabloon Sjabloonbespreking Hulp Hulpbespreking Kategorie Kategoriebespreking Portaal Portaalbespreking Module Module talk Gadget Gadget talk Gadget definition Gadget definition talk Omgekeerde seleksie Filters Versteek insluitings | Versteek skakels | Versteek aansture Die volgende bladsye skakel na Akademiese drag : Wys (vorige 50 | volgende 50 ) ( 20 50 100 250 500 ). Denimbroek ( ← skakels wysig ) Mantel ( ← skakels wysig ) Jas ( ← skakels wysig ) Onderbaadjie ( ← skakels wysig ) Tuxedo ( ← skakels wysig ) Bikini ( ← skakels wysig ) Pantoffel ( ← skakels wysig ) Stewel ( ← skakels wysig ) Plakkies ( ← skakels wysig ) Handskoen ( ← skakels wysig ) Sweetpakbroek ( ← skakels wysig ) Klere ( ← skakels wysig ) Voorskoot ( ← skakels wysig ) Hoed ( ← skakels wysig ) Trui ( ← skakels wysig ) Chino-broek ( ← skakels wysig ) Skoen ( ← skakels wysig ) Sakdoek ( ← skakels wysig ) Sweetpak ( ← skakels wysig ) Broekie ( ← skakels wysig ) Onderbroek ( ← skakels wysig ) Polohemp ( ← skakels wysig ) Bloes ( ← skakels wysig ) Broek ( ← skakels wysig ) Sjabloon:Navigasie kleding ( ← skakels wysig ) Hemp ( ← skakels wysig ) T-hemp ( ← skakels wysig ) Kappietrui ( ← skakels wysig ) Halternek ( ← skakels wysig ) Sonrok ( ← skakels wysig ) Swart nommertjie ( ← skakels wysig ) Denimromp ( ← skakels wysig ) Sweetpaktop ( ← skakels wysig ) Oorpak ( ← skakels wysig ) Sambreel ( ← skakels wysig ) Sokkies ( ← skakels wysig ) Witjas ( ← skakels wysig ) Gordel ( ← skakels wysig ) Handsak ( ← skakels wysig ) Beursie ( ← skakels wysig ) Das ( ← skakels wysig ) Vragbroek ( ← skakels wysig ) Bermudabroek ( ← skakels wysig ) Fietsrybroek ( ← skakels wysig ) Bell-bottoms ( ← skakels wysig ) Miniromp ( ← skakels wysig ) Potloodromp ( ← skakels wysig ) Bandjielose rok ( ← skakels wysig ) Aandrok ( ← skakels wysig ) Swartdas ( ← skakels wysig ) Wys (vorige 50 | volgende 50 ) ( 20 50 100 250 500 ). Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Akademiese_drag " Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Gereedskap Spesiale bladsye Drukbare weergawe Ander tale Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:0b44f3fd-5e4b-4560-9493-b5adf1c141b8>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Akademiese_drag
2019-07-24T00:32:52Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530246.91/warc/CC-MAIN-20190723235815-20190724021815-00402.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999489
false
Wayne Howell Jump to navigation Jump to search Wayne Howell | | Geboortenaam | Wayne Howell Chappelle | ---|---| Geboorte | 16 Februarie 1921 | Nasionaliteit | Amerikaans | Sterfte | 8 Julie 1993 (op 72) | Beroep(e) | Akteur | Internet-rolprentdatabasis-profiel | Wayne Howell (16 Februarie 1921 – 8 Julie 1993) was 'n Amerikaanse akteur. Hy was bekend vir sy rolle in die televisiereekse Robert Montgomery Presents (1950), The Colgate Comedy Hour (1950), Young Dr. Malone (1958), en Dotto (1958). Filmografie[wysig | wysig bron] Televisiereekse[wysig | wysig bron] - 1950: Robert Montgomery Presents - 1950: The Colgate Comedy Hour - 1958: Young Dr. Malone - 1958: Dotto - 1958: Concentration - 1961: Say When! - 1967: Reach for the Stars - 1971: Three on a Match - 1974: Jackpot
<urn:uuid:8c05fdbc-bc0f-46f4-8202-a266afc2b0be>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Wayne_Howell
2019-07-24T00:47:18Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530246.91/warc/CC-MAIN-20190723235815-20190724021815-00402.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.964291
false
Julie Gonzalo Julie Gonzalo | | Geboortenaam | Julieta Susana Gonzalo | ---|---| Geboorte | 9 September 1981 | Nasionaliteit | Amerikaans | Beroep(e) | Aktrise en vervaardiger | Internet-rolprentdatabasis-profiel | Julie Gonzalo (gebore 9 September 1981) is 'n Amerikaanse aktrise en vervaardiger. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Christmas with the Kranks (2004), A Cinderella Story (2004), en Dodgeball: A True Underdog Story (2004), en in die televisiereeks Eli Stone (2008). Filmografie[wysig | wysig bron] Rolprente[wysig | wysig bron] - 2004: Christmas with the Kranks - 2004: A Cinderella Story - 2004: Dodgeball: A True Underdog Story - 2007: Cherry Crush - 2007: Ladrón que roba a ladrón - 2011: Vamp U - 2015: Waffle Street - 2018: Alex & The List - 2018: How to Train Your Husband or (How to Pick Your Second Husband First) - The Great Illusion Televisiereekse[wysig | wysig bron] - 2008: Eli Stone - 2012: Dallas - 2012: Starting Point - 2012: Dallas Roundup Aftershow - 2013: Popsugar Live! Televisierolprente[wysig | wysig bron] - 2003: Exit 9 - 2007: The News - 2011: 3 Holiday Tails - 2016: Pumpkin Pie Wars - 2017: Falling for Vermont - 2018: The Sweetest Heart
<urn:uuid:b728bbe6-0830-4be9-a4d9-48ceb26b022e>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Julie_Gonzalo
2019-07-17T19:18:34Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525374.43/warc/CC-MAIN-20190717181736-20190717203736-00186.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.937469
false
Gendarmenmarkt Die Gendarmenmarkt is een van die mooiste Berlynse pleine. Dit word oorheers deur twee Protestantse domkerke aan weerskante. Die plein het aan die einde van die sewentiende eeu ontstaan as 'n markplein van die nuwe voorstad Friedrichstadt. Dit is vernoem na die Regiment Gens d'Armes wat hier hul kaserne gehad het. In 1950 is die plein, wat in die destydse Oos-Berlyn geleë was, hernoem na Platz der Akademie, maar met die hereniging van Berlyn in 1990 is die oorspronklike naam herstel. In die sentrum van die plein, voor die ingang van die konsertgebou, is 'n monument ter ere van die digter Friedrich Schiller opgerig. Die konsertgebou (Konzerthaus) is tussen 1818 en 1821 deur die Berlynse argitek Karl Friedrich Schinkel gebou en het oorspronklik as skouburg gedien. Die twee kerke aan weerskante van die plein sien met eerste oogopslag eenders uit, maar verskil wel. Die Franse Domkerk (Französischer Dom) aan die regterkant van die konsertgebou is tussen 1701 en 1705 vir Franse Hugenotevlugtelinge gebou wat hulle in Berlyn gevestig en hier hul eie gereformeerde gemeente gestig het. Die Deutscher Dom ("Duitse Domkerk") is in 1708 vir die Duitssprekende gemeente opgerig. Wikimedia Commons bevat media in verband met Gendarmenmarkt. |
<urn:uuid:f4d588eb-de23-4eef-823f-b1245fdcd957>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Gendarmenmarkt
2019-07-20T05:26:26Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526446.61/warc/CC-MAIN-20190720045157-20190720071157-00506.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999836
false
James Clerk Maxwell James Clerk Maxwell FRS (Edinburg, 13 Junie 1831 – Cambridge, 5 November 1879) was 'n Skotse teoretiese fisikus. Sy belangrikste bydra was die formulering van die klassieke teorie van elektromagnetisme. Deur die ontwikkeling van Maxwell se vergelykings het hy 'n samevatting van al die teoretiese en eksperimentele kennis van elektrisiteit en magnetisme verskaf. Hy het bydraes tot byna al die afdelings van die fisika gelewer. Hy het die eerste permanente kleurfoto geneem en 'n verklaring vir Saturnus se ringe verskaf. Hy het die Maxwell-Boltzmann verspreiding afgelei, en daarmee gehelp om die basis van Statistiese Meganika te lê. In die millenium-peiling wat onder 100 van die voorste fisikuste gedoen is, is Maxwell as die derde grootste fisikus van al tye bestempel, voortgegaan deur slegs Newton en Einstein.[1] James Clerk Maxwell | | Gebore | 13 Junie 1831 Edinburgh, Skotland | ---|---| Oorlede | 5 November 1879 (op 48) Cambridge, Engeland | Burgerskap | Brits | Nasionaliteit | Skots | Vakgebied | Fisika en Wiskunde | Instelling(s) | Marischal-kollege, Aberdeen King’s-kollege Londen Universiteit van Cambridge | Alma mater | Universiteit van Edinburgh Universiteit van Cambridge | Ander akademiese adviseur(s) | William Hopkins | Ander bekende student(e) | George Chrystal | Bekend vir | Maxwell se vergelykings Maxwell se teorie | Toekennings | Smith-prys (1854) Adams-prys (1857) Rumford-medalje (1860) Keith-medalje (1869-1871) | Inhoud LewensloopWysig JeugWysig Maxwell was die enigste kind van John Clerk Maxwell (1787-1856), 'n landeienaar, advokaat en uitvinder, en sy eggenoot Frances Cay (1792-1839). Sy vader was 'n lid van die Skotse kleinadel. Nadat hy sy vroeë skoling vanaf sy moeder ontvang het, gaan Maxwell in 1840 na Edinburgh Academy. Hier blink hy uit in wetenskappe en wiskunde, en ontvang al reeds 'n wiskundemedalje van die Academy in 1841. Op die ouderdom van veertien skryf hy sy eerste wetenskaplike artikel, Oval Curves, waarin hy 'n vereenvoudigde metode gegee het om krommes met meer as twee fokusse te teken. Die artikel word dan ook voorgelê aan die Royal Society of Edinburgh.[2] StudentejareWysig In 1847 toe hy 16 jaar oud was het Maxwell aan die Universiteit van Edinburgh begin studeer. Aangesien hy sy lesse nie veeleisend gevind het, kon hy sy vrye tyd aan sy eie studies wy. Hy het hom veral toegespits op chemiese, elektriese en magnetiese toestelle, en hy het 'n besonderse belangstelling in die polarisasie van lig ontwikkel. Hierdeur het hy die konsep van fotoelastisieteit ontdek, toe hy deur polariserende prismas na blokke gelatine gekyk het terwyl hulle gerek of saamgepers word.[3] Op die ouderdom van 18 het Maxwell twee artikels aan die Royal Society of Edinburgh voorgelê. Een het oor die elastisiteit van vastestowwe gehandel, en die ander een het sy vorige werk in Oval Curves uitgebrei. Maxwell het in Oktober 1850, toe hy al reeds 'n gekende wiskundige was, na die Universiteit van Cambridge toe gegaan. Hy het aan Trinity College gestudeer, en het hier al 'n groot deel van sy werk aan die elektromagnetiese vergelykings afgehandel. Hy het in 1854 met 'n graad in Wiskunde afgestudeer. Die aard en persepsie van kleur het Maxwell altyd geïnteresseer. In sy lesing Eksperimente met kleur wat hy in Maart 1855 voor die Royal Society of Edinburgh gelewer het, het hy aangetoon dat wit lig geproduseer kan word deur 'n mengsel van die drie ligte, rooi, groen en blou te neem. ProfessorskapWysig Op 25 jarige ouderdom word Maxwell 'n professor aan die Universiteit van Aberdeen. Hy het sy aandag op 'n belangrike probleem gefokus wat fisikuste al vir 200 jaar ontwyk het: die aard van Saturnus se ringe. Maxwell het die probleem twee jaar lank bestudeer. Hy was die eerste persoon wat die korrekte afleiding gemaak het, naamlik dat die ringe uit klein stukkies vastestof bestaan wat onafhanklik van mekaar om die planeet wentel. Op 2 Junie 1858 trou Maxwell met Katherine Mary Dewar, die dogter van een van sy vriende, die predikant Daniel Dewar. In 1860, nadat Maxwell net-net 'n pokke aanval oorleef het, trek hulle Londen toe, waar hy 'n professor by King's College word. Hierdie was waarskynlik die produktiefste tyd van sy loopbaan. Hy word tot die Royal Society verkies in 1861, nadat hulle hom die Rumford medalje in 1860 toegeken het vir sy werk oor kleur. Dit is gedurende hierdie tydperk dat hy die wêreld se eerste permanente kleurfoto ontwikkel het. Hy het sy idees oor die viskositeit van gasse verder ontwikkel en 'n stelsel om fisiese eenhede te definieer, nou bekend as dimensionele analise, voorgestel. Hy het ook baie werk oor elektrisiteit en magnetisme gedoen. Hy het sy bekende vergelykings in 1861 gepubliseer in die artikel On physical lines of force.[4] Later JareWysig In 1865 trek hy weer terug Skotland toe, maar aanvaar wel die eerbetoon van die Cavendish Professoraat aan Cambridge in 1871. Hier is die beroemde Cavendish Laboratorium onder sy leiding gestig. Maxwell was sy hele lewe 'n Presbiteriaan, en het later 'n ouderling in die Kerk van Skotland geword. Hy is op 5 November 1879 in Cambridge aan buikkanker oorlede. Wetenskaplike bydraesWysig Maxwell het belangrike bydraes tot byna elke afdeling van fisika gemaak. ElektromagnetismeWysig Maxwell word deesdae veral onthou vir sy deurslaggewende werk in elektromagnetisme en elektromagnetiese straling, 'n verskynsel wat hy teoreties voorspel het. Maxwell se eerste werk was die artikel On Faraday's lines of force, wat in 1855 aan die Cambridge Philosophical Society voorgelê is. Hierin het hy 'n vereenvoudiging van Michael Faraday se werk gelewer. Faraday het elektriese induksie eksperimenteel ontdek, maar Maxwell was die eerste een wat die wiskundige basis daarvan blootgelê het. In die daaropvolgende artikel van Maart 1861, On physical lines of force het hy sy beroemde vergelykings uiteengesit. Hulle is oorspronklik in 'n ingewikkelde vorm geskryf, wat vir die moderne leser redelik obskuur en ontoeganklik voorkom. Die rede hiervoor is dat Maxwell van die kwaternioon formaat gebruikgemaak het, wat daartoe gelei het dat daar 20 vergelykings en 20 veranderlikes was. In die moderne notasie word daar van vektore gebruikgemaak, en is daar slegs vier vergelykings. Een van die gevolge van sy vergelykings, was dat hulle na die bestaan van elektromagnetiese golwe toe gelei het. Toe Maxwell die spoed van hierdie golwe bereken het, was hy stomgeslaan, want dit was feitelik dieselfde as die spoed van lig. Hy het dit as meer as net blote toeval beskou, en het gesê: "Dit is moeilik om nie tot die gevolgtrekking te kom, dat lig uit 'n golwing bestaan wat in dieselfde medium trek as die elektriese en magnetiese verskynsels nie".[5] Die elektromagnetiese golwe se spoed kon van eenvoudige elektriese eksperimente af bereken word, wat op die oog af heeltemal niks met lig te doen gehad het nie. Met hierdie beskikbare data het Maxwell 'n spoed van 310 740 000 m/s uitgewerk, terwyl die spoed van lig in 'n vakuum destyds op sowat 300 000 000 m/s gereken was. Steun vir Maxwell se vermoede het in 1875 gekom, toe Hendrik Lorentz gewys het dat Maxwell se vergelykings die korrekte beskrywing van ligbreking gee. Eksperimentele ondersteuning het uit die werk van Heinrich Hertz gekom, toe hy in 1886 die eerste radiosender gebou het en aangetoon het dat elektromagnetiese golwe dieselfde gedrag as lig vertoon. Maxwell en sy tydsgenote het geglo dat die elektromagnetiese golwe in 'n werklike fisiese medium getrek het, wat hulle die eter genoem het. Einstein het op Maxwell se werk voortgebou, en sy relatiwiteitsteorie was in beginsel 'n poging om Maxwell se vergelykings met die onverwagte eksperimentele waarneming, dat lig altyd teen dieselfde spoed trek, te vereenselwig. Hierdeur is die konsep van eter dan ook verwerp.[6] KleurWysig Maxwell het verskeie bydraes tot die studie van lig en kleur gelewer, en het onder andere die basis van praktiese kleurfotografie gelê. Van 1855 tot 1872 het hy gereeld artikels oor die menslike waarneming van kleur, kleurblindheid en die teorie van kleur gelewer, en hy het hiervoor die Rumsford medalje ontvang. In 1855 het hy voorgestel hoe om 'n kleur weergawe van 'n foto te bekom. Op hierdie stadium was dit al goed bekend hoe om swart en wit fotos te maak, maar niemand het al suksesvolle kleurfoto's gemaak nie. Maxwell het voorgestel dat daar drie fotos van 'n voorwerp geneem word: een deur 'n rooi filter, een deur 'n blou filter en een deur 'n groen filter. Daar word dan transparante van hierdie fotos gemaak. Die transparante word almal saam op een skerm geprojekteer, maar met drie afsonderlike projektors waarvan die ligkleure met die fotos se filterkleure ooreenstem. Op die manier verkry mens 'n kleurprojeksie van die oorspronklike voorwerp. Gedurende 'n sitting van die Royal Institution in 1861, het Maxwell die wêreld se eerste kleurfoto vertoon. Hierdie foto, van 'n stuk geruite Skotse tartan, het te veel blou gehad, en nie genoeg rooi nie. Dit was die gevolg van die feit dat die destydse fotochemiese prosesse nie sensitief genoeg vir rooi lig was nie. Sy metode het die basis vir byna al die toekomstige fotochemiese en elektroniese vorms van kleurfotografie gevorm. Kinetiese gasteorie en termodinamikaWysig Maxwell het ook die kinetiese gasteorie ondersoek. Volgens hierdie teorie, wat teen Maxwell se tyd nog betwis was, bestaan gasse uit klein deeltjies wat rondbeweeg en elasties teen mekaar bots. Hy het eksperimentele en teoretiese bydraes tot die veld gemaak, en die status van die teorie aansienlik versterk. In 1866 het hy, onafhanklik van Ludwig Boltzmann, die Maxwell-Boltzmann verspreiding bereken. Hierdie verspreiding dui aan hoeveel partikels in 'n gas teen 'n sekere spoed beweeg. Sy benadering het na 'n veralgemening van die bestaande wette van termodinamika toe gelei, en het sommige eksperimente en waarnemings beter beskryf as die bestaande teorie. Hy het ook die gedagte-eksperiment ontwikkel wat as Maxwell se demoon bekend staan. In 1871 het hy die termodinamiese uitdrukkings wat bekend staan as Maxwell se verhoudings beskryf. Dit is die stelling dat die tweede afgeleidenes van die termodinamiese potensiale (interne energie, entalpie, vrye energie, Gibbs-energie) ten opsigte van die termodinamiese veranderlikes (temperatuur, druk, volume, entropie) gelyk is aan mekaar. Saturnus se ringeWysig Sedert hulle ontdekking deur Galileo Galilei in 1610 was daar groot belangstelling in Saturnus se ringe. Daar was onsekerheid oor die materiaal waaruit hulle gemaak is, en dit was 'n raaisel hoe hulle stabiel kon bly sonder om op te breek, en dan weg te dryf of na die planeet toe terug te val. Maxwell het bewys dat 'n soliede ring nie stabiel kan wees nie, en dat 'n ring wat uit vloeistof gemaak word deur golwe se aksie opgebreek sal word. 'n Derde opsie, wat Maxwell toe voorgestaan het, was dat die ringe uit kleinerige voorwerpe bestaan wat almal onafhanklik rondom Saturnus wentel. Hierdie werk was so gedetailleerd en noukeurig, dat dit die meeste mense oortuig het sonder om werklik 'n bewys te lewer. Maxwell se teorie is 1895 gerugsteun deur die spektroskopiese waarnemings van die ringe deur James Keeler van die Allegheny-sterrewag by die Universiteit van Pittsburgh. Die finale antwoord op die vraag moes egter tot in 1981 gewag het, toe waarnemings deur die Voyager 1 ruimtetuig gedurende sy verbyvlug van Saturnus gewys het dat Maxwell werklik reg was. Deur op hierdie werk voort te bou, het Maxwell die slegs-gas weergawe van die Newel-hipotese verkeerd bewys. Volgens die Newel-hipotese het die sonnestelsel gevorm toe 'n groot gaswolk onder sy eie swaartekrag ineengestort het om die son en die planete te vorm. Maxwell het aangetoon dat so 'n wolk nie slegs uit 'n gas sou kon bestaan nie, maar dat hy ook klein stukkies vastestof moes bevat het. BeheerstelselsWysig Maxwell het in 1867 'n belangrike artikel On governors aan die Royal Society voorgelê. Dit word gereeld as een van die klassieke werke in die beginsdae van beheerteorie gesien. NalatenskapWysig Verskeie goed is na hom vernoem: - Die maxwell (Mx) is 'n afgeleide eenheid in die CGS-stelsel vir magnetiese vloed - Maxwell Montes, 'n bergreeks op Venus, een van slegs drie plekke op die planeet wat nie vroulike name het nie - Die James Clerk Maxwell Teleskoop, die grootste onder-millimeter golflengte teleskoop in die wêreld - Die Maxwell brug, 'n elektriese brug Lys van PublikasiesWysig - "On the description of oval curves, and those having a plurality of foci". Proceedings of the Royal Society of Edinburgh, 2 (1846). - "Are There Real Analogies in Nature?" (February 1856) - Illustrations of the Dynamical Theory of Gases. 1860. - On the Theory of Compound Colours, and the Relations of the Colours of the Spectrum. 1860. - "On physical lines of force". 1861. - "A dynamical theory of the electromagnetic field". 1865. - "On governors". Proceedings of the Royal Society, 16 (1867–1868) pp. 270–283. - Theory of Heat. 1871. - "On the Focal Lines of a Refracted Pencil". Proceedings of the London Mathematical Society s1-4(1):337–343, 1871. - A Treatise on Electricity and Magnetism. Clarendon Press, Oxford. 1873. - "Molecules". Nature, 8(204) (25 September 1873) pp. 437–41. - "On Hamilton's characteristic function for a narrow beam of light". Proceedings of the London Mathematical Society s1-6(1):182–190, 1874. - Matter and Motion, 1876. - "On Stresses in Rarefied Gases Arising from Inequalities of Temperature". Philosophical Transactions of the Royal Society of London, 170 (1879), pp. 231–256 - On the Results of Bernoulli's Theory of Gases as Applied to their Internal Friction, their Diffusion, and their Conductivity for Heat. - "Encyclopædia Britannica, Ninth Edition/Ether", Encyclopædia Britannica, Ninth Edition (1875–89). - An Elementary Treatise on Electricity Clarendon Press, Oxford. 1881, 1888. VerwysingsWysig - [1] Einstein the greatest - Giulio Peruzzi, Maxwell - Ontdekker van de samenhang van elektriciteit, magnetisme en licht,2009, Bladsy 15 - Remigio Russo, Mathematical Problems in Elasticity, 1996, World Scientific, bladsy 73 - James Clerk Maxwell, "On physical lines of force", Philosophical Magazine, 1861 - J J O'Connor en E F Robertson, James Clerk Maxwell, School of Mathematics and Statistics, University of St Andrews, Scotland, November 1997 - Joanne Baker, "50 inzichten natuurkunde", 2010, Veen Magazines ISBN = 978-90-857-1202-2 BronneWysig - Hierdie artikel steun op 'n vertaling van die Engelse en Nederlandse Wikipedia.
<urn:uuid:7a007bea-8d2f-47a2-9fee-25b6b63604ce>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/James_Clerk_Maxwell
2019-07-21T12:36:43Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527000.10/warc/CC-MAIN-20190721123414-20190721145414-00106.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999924
false
Hierdie is 'n dokumentasie / toetsbladsy vir Sjabloon:Landdata Filippyne. Dit word outomaties gegenereer deur Sjabloon:Land vertoondata (edit talk links history) te roep Sjabloon:Landdata Filippyne is bloot 'n datahouer wat nie bedoel is om direk geroep te word nie. Dit word indirek gebruik deur sjablone soos sjabloon:vlagikoon, sjabloon:vlagland en so aan. Kyk en:Wikipedia:WikiProject Flag Template (die dokumentasie/besprekingsblad op die Engelse wikipedia waar die vlagsjabloon stelsel in groter besonderhede bespreek word). Maak asb die kas skoon nadat veranderinge aan die sjabloon gemaak is. Filippyne
<urn:uuid:b5d856e0-bb5e-42cc-92c5-7057a8beff56>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Sjabloon:Landdata_Filippyne
2019-07-16T15:09:20Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524568.14/warc/CC-MAIN-20190716135748-20190716161748-00050.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999874
false
Banjarbaru Jump to navigation Jump to search Banjarbaru | | ---|---| Kaart | Wapen | Vlag | | Land | Indonesië | Administratiewe gewes | Suid-Borneo | Oppervlakte: | | - Totaal | 371,3 vk km | Bevolking: | | - Totaal (2005) | 152.839 | - Bevolkingsdigtheid | 333,8/vk km | Tydsone | UTC +7 | - Somertyd | UTC +8 | Burgemeester (party) | Drs. Rudy Resnawan | Amptelike webwerf | http://www.banjarbarukota.go.id/ | Buurte[wysig | wysig bron] Die stad het 3 buurte/administratiewe distrikte (Indonesies: kecamatan): - Banjarbaru - Cempaka - Landasan Ulin.
<urn:uuid:9c0899c8-f6a6-4070-801a-09a5dec2e79d>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Banjarbaru
2019-07-17T19:25:46Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525374.43/warc/CC-MAIN-20190717181736-20190717203736-00210.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.902374
false
Bespreking:Eva Longoria Jump to navigation Jump to search Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Eva Longoria-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. | Artikelriglyne Daaglikse bladtrekke | |
<urn:uuid:dfc877b4-4438-4427-8542-502ddf8f8e52>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Eva_Longoria
2019-07-17T19:20:38Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525374.43/warc/CC-MAIN-20190717181736-20190717203736-00210.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999987
false
12 Julie datum << | Julie 2019 | >> | |||| So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa | 1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | ||| Al die dae | Inhoud GebeureWysig - 526 – Pous Felix IV volg Pous Johannes I op. - 1215 – Frederik II word in Aken tot keiser gekroon. - 1276 – Pous Adrianus V volg Pous Innocentius V op. - 1470 – Die Turke verower Negroponte. - 1645 – Tsaar Aleksei van Rusland begin sy ampstermyn as heerser van Rusland. - 1691 – Pous Innocentius XII volg Pous Alexander VIII op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk. - 1717 – Pous Clemens XI stel Giulio Alberoni en Imre Csáky, aartsbiskop van Kalocsa en Bács, Hongarye aan as kardinale. - 1721 – Carlo Rezzonico (later Pous Clemens XIII) word goewerneur van Fano. - 1730 – Pous Clemens XII volg Pous Benedictus XIII op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk. - 1779 – Pous Pius VI stel František de Paula Hrzán z Harasova, ouditeur van die Heilige Roomse Rota en Alessandro Mattei, aartsbiskop van Ferrara, aan as kardinale. - 1841 – Pous Gregorius XVI stel Tommaso Pasquale Gizzi, titulêr aartsbiskop van Tebe aan as kardinaal. - 1848 – Andries Pretorius gaan Winburg binne met 'n groot gewapende mag. - 1930 – Sir Donald Bradman stel 'n nuwe wêreldrekord van 334 lopies op teen Engeland. - 1975 – São Tomé en Príncipe word van Portugal onafhanklik. - 1979 – Kiribati word onafhanklik van die Verenigde Koninkryk. - 1993 – 'n Aardbewing aan die kus van Hokkaido, Japan, wat 7,8 op die Richterskaal registreer, veroorsaak 'n tsoenami met 202 sterfgevalle op die klein eiland Okushiri. GeboortesWysig SterftesWysig - 783 – Bertrada, vrou van Pepyn die Korte. - 1536 – Desiderius Erasmus, Nederlandse priester, teoloog, filosoof, skrywer en humanis.(* 1466, 1467 of 1469). - 1919 – Oskar Bidder, Duits-Baltiese protestantse martelaar (* 1866). - 1978 – L.W. Hiemstra, Suid-Afrikaanse taalkundige (* 1897). - 1998 – Marais Steyn, Suid-Afrikaanse politikus (* 1915). - 2013 – Amar Bose, Amerikaanse akademikus, ingenieur en entrepreneur (* 1929). - 2017 – Ray Phiri, Suid-Afrikaanse sanger (* 1947). Vakansies, vierings, en waarnemingsdaeWysig Wikimedia Commons bevat media in verband met 12 July. |
<urn:uuid:3da8ab70-81b0-4d05-a7fe-4dc97494f3d6>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/12_Julie
2019-07-19T00:04:03Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525863.49/warc/CC-MAIN-20190718231656-20190719013656-00370.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.991145
false
Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit Kaart | Vlag | Wapen | | Land | Suid-Afrika | Provinsie | Gauteng | Koördinate | | Gestig op | 2000 | Oppervlakte: | | - Totaal | 1 925 vk km | Hoogte bo seevlak | 1 570 m | Bevolking: | | - Totaal | 3 178 470 | - Bevolkingsdigtheid | 1 288,4/vk km | Tydsone | UTC +2 | - Somertyd | UTC +2 | Burgemeester | Duma Moses Nkosi | Amptelike webwerf | www.ekurhuleni.com | Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit (ook bekend as die Oos-Rand) is 'n metropolitaanse munisipaliteit wat die plaaslike regering van die Oos-Rand-gebied van Gauteng vorm. Die naam Ekurhuleni beteken "Plek van Vrede" in Tsonga, maar word amptelik nie in die ander landstale vertaal nie. So word na die gebied in Afrikaans steeds as Oos-Rand verwys, terwyl Engelssprekendes dit East Rand noem. Die Nederlandse Taalunie, 'n liggaam wat taalsake tussen die drie Nederlandsprekende lande (Nederland, België/Vlaandere en Suriname) reël en vanweë Nederland se historiese taalkundige betrekkinge met die Afrikaanssprekende gemeenskap in Suid-Afrika sy aktiwiteite ook na dié land uitgebrei het, gee Oost-Rand as Nederlandse naam van die gebied.[2] Ekurhuleni is naburig aan: - Tshwane aan die noordekant - Metsweding (CBDC2) in die noordooste - Nkangala (DC31) aan die oostekant - Sedibeng (DC42) aan die suidekant - Johannesburg aan die westekant Inhoud Stede en dorpeWysig Die volgende stede, dorpe en buurte is ingesluit by hierdie reuse munisipaliteit, wat in 2000 geskep is: TaleWysig Etniese groepeWysig VerwysingsWysig - Ekurhuleni tydens die 2011-sensus - Die amptelike taal volgens die Nederlandse Taalunie Nederlandse Taalunie, geraadpleeg op 17 Maart 2013
<urn:uuid:7d2bef58-7554-43e6-b652-4ccb9fc7146b>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Oos-Rand
2019-07-18T23:54:51Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525863.49/warc/CC-MAIN-20190718231656-20190719013656-00370.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999668
false
Anchesenamen Anchesenamen | |||| Anchesenpaaten | |||| Koningin van die 18de Dinastie | |||| Periode | Omstreeks 1332–1323 v.C. | ||| Vader | Achenaten | ||| Moeder | Nefertiti | ||| Gade(s) | Achenaten (pa/oom) Toetankamen (halfbroer) Ai (oupa/oom) | ||| Gebore | Omstreeks 1348 v.C. | ||| Oorlede | Omstreeks 1322 v.C. (op sowat 26) | ||| Anchesenamen (ˁnḫ-s-n-imn, "Haar Lewe is van Amen"; omstreeks 1348 – ná 1322 v.C.) was ’n koningin van die 18de Dinastie van Egipte. Sy is as Anchesenpaaten gebore en was die derde van ses bekende dogters van farao Achenaten en sy hoofkoningin, Nefertiti. Sy het later die hoofkoningin van haar halfbroer, Toetankamen, geword.[1] Die verandering in haar naam weerspieël die veranderings in Antieke Egipte se godsdiens ná haar pa se dood. Sy word as jong vrou goed verteenwoordig in die antieke skilderings en reliëfwerke uit haar ouers se bewind. Sy en Toetankamen het dieselfde pa gehad, maar onlangs is met DNS-toetse vasgestel Toetankamen se ma was een van Achenaten se onbekende susters, wie se mummie Die Jonger Dame genoem word. Sy en Achenaten was die kinders van Amenhotep III. Anchesenamen is moontlik in die vierde jaar van Achenaten se bewind gebore en teen die 12de jaar het sy drie jonger susters gehad. Ná Toetankamen se dood was sy vermoedelik met sy opvolger, Ai, getroud wat sommige glo haar oupa aan moederskant was.[2] DNS-toetse in Februarie 2010 dui ook op die moontlikheid dat een van die twee mummies van koninginne uit die 18de Dinastie wat in tombe KV21 ontdek is, sy kon gewees het. Volgens die toetse was albei moontlik lede van die koningshuis.[3] Vroeë lewe[wysig | wysig bron] Anchesenpaaten (anḫ s n pa itn) "Haar Lewe is van Aten" in hiërogliewe | ---| Anchesenamen (anḫ s n imn) "Haar Lewe is van Amen" in hiërogliewe | ---| Anchesenpaaten is in ’n tyd gebore toe daar groot godsdienstige onrus in die land was (omstreeks 1348 v.C.). Haar pa het die ou gode van Egipte verwerp ten gunste van Aten, tot voor dié tyd ’n onbelangrike aspek van die songod wat uitgebeeld is as die son se skyf. Sy is vermoedelik in Waset (vandag Thebe) gebore, maar het in haar pa se nuwe hoofstad, Akhetaten (vandag Amarna), grootgeword. Die drie oudste dogters van Achenaten – Meritaten, Meketaten en Anchesenpaaten – het die "senior prinsesse" geword wat allerhande regerings- en godsdienstake gehad het. Latere lewe[wysig | wysig bron] Sy was vermoedelik eers met haar eie pa getroud.[4] Dit was nie ongewoon onder die koninklike families van Egipte nie. Daar word geglo sy was die ma van prinses Anchesenpaaten Tasjerit (moontlik by haar pa of by dié se opvolger, Smenchkare) toe sy 12 jaar oud was, hoewel dit nie seker is nie.[1] Ná haar pa se dood en die kort bewind van Smenchkare en Neferneferoeaten (moontlik Nefertiti), het sy Toetankaten se vrou geword.[5] Ná hul troue het hulle hul pa se god, Aten, verwerp, die aanbidding van Amoen (of Amen) en ander ou gode heringestel en hul name verander na Toetankamen en Anchesenamen om dié verandering te weerspieël.[6] Hulle het vermoedelik twee doodgebore dogters gehad.[6] Omdat sy Toetankamen se enigste vrou was, is dit heel waarskynlik dat die fetusse wat in Toetankamen se tombe ontdek is, dié van haar dogters is. Iewers in die negende jaar van sy bewind is Toetankamen skielik op sowat 18 oorlede. Anchesenamen, toe sowat 21, het alleen agtergebly sonder ’n erfgenaam.[6] ’n Ring wat ontdek is, beeld dalk Anchesenamen se troue met Ai uit kort voordat sy van die toneel verdwyn het, hoewel geen rekords aandui dat sy sy koningin was nie.[7] Teen die mure van Ai se tombe word Tei as sy hoofkoningin uitgebeeld en nie Anchesenamen nie. Sy is waarskynlik kort ná Toetankamen dood en haar mummie is sover bekend nog nie ontdek nie. Die Hetitiese Briewe[wysig | wysig bron] ’n Dokument is in die antieke Hetitiese hoofstad Hattoesa ontdek wat uit die Amarna-tydperk dateer, die sogenaamde Handelinge van Soeppiloelioema I. Die Hetitiese heerser het ’n brief van ’n Egiptiese koningin ontvang terwyl hy Karkemisj beleër het. Dit lui: "My man is dood en ek het geen seuns nie. Hulle sê van jou dat jy baie seuns het. Jy kan dalk vir my een van jou seuns gee om my man te word. Ek wil nie een van my onderdane as man neem nie . . . ek is bang."[5] Hy was aanvanklik versigtig, maar het later een van sy seuns, Zannanza, na Egipte gestuur. Dié is egter onderweg dood; hy kon vermoor gewees het.[8] Dit is nie seker watter koningin die brief geskryf het nie; sy word in die Hetitiese dokumente Dachamoenzoe genoem, wat dalk ’n vertaling van die Egiptiese titel Tahemetnesoe ("die koning se vrou") is.[9] Anchesenamen is lank beskou as die moontlikste kandidaat omdat daar niemand was wat Toetankamen ná sy dood kon opvolg nie, terwyl Achenaten minstens twee wettige opvolgers gehad het.[5] ’n Hersiening van die bewindstydperke van sekere farao's laat dit egter lyk of die afgestorwe koning wel Achenaten kon gewees het en nie Toetankamen nie. Stamboom[wysig | wysig bron] Amenhotep III | Tije | Ai | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| Die Jonger Dame | Achenaten | Nefertiti | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| Toetankamen | Smenchkare | Meritaten | Meketaten | Anchesenamen | Neferneferoeaten Tasjerit | Neferneferoere | Setepenre | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| 2 doodgebore fetusse | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||| Verwysings[wysig | wysig bron] - Dodson, Aidan; Dyan Hilton (2004). The Complete Royal Families of Ancient Egypt. Thames & Hudson. p. 148. - Grajetzki, Wolfram (2000). Ancient Egyptian Queens; a hieroglyphic dictionary. Londen: Golden House. p. 64. - Lorenzi, Rosella. "King Tut Felled by Malaria, Bone Disease." Discovery News, 16 Februarie 2010. URL: King Tut DNA lineage - Reeves, Nicholas (2001). Akhenaten: Egypt's False Prophet. Thames and Hudson. - Manley, Suzie. "Ankhesenamun - Queen of Tutankhamun and Daughter of Akhenaten". Egypt * Pyramids * History. - "Queen Ankhesenamun". Saint Louis University. - Dodson, Aidan; Dyan Hilton (2004). The Complete Royal Families of Ancient Egypt. Thames & Hudson. p. 153. - Amelie Kuhrt (1997). The Ancient Middle East c. 3000 – 330 BC. 1. Londen: Routledge. p. 254. - William McMurray. "Towards an Absolute Chronology for Ancient Egypt" (pdf). p. 5.
<urn:uuid:89185dca-1aa6-4d4e-8fe1-9528472836e0>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Anchesenamen
2019-07-24T01:13:55Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530246.91/warc/CC-MAIN-20190723235815-20190724021815-00450.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999709
false
Eccapas Eccapas | | Koördinate: Koördinate: | | ---|---| Ligging | Noordwes van Grahamstad, na Fort Beaufort | Maksimumhelling | 1:13 | Hoogte | 548 m | Ingenieur | Andrew Geddes Bain | Begin in | 1837 | Voltooi in | 1845 | Pad | R67 | Die Eccapas is 'n bergpas wat noordwes van Grahamstad op die pad R67 na Fort Beaufort in die Oos-Kaap lê. Andrew Geddes Bain was tussen 1837 en 1845 by die bou betrokke. 'n Gedenkteken ter ere van Bain is op 7 September 1964 op die kruin van die pas onthul. Ecca is blykbaar die Khoi-naam vir 'n riviertjie wat daar vloei, wat souterig of brak beteken. Op hul beurt is die bekende Ecca-lae in die geologie in 1858 na die pas vernoem. Die Eccapas bereik 'n hoogte van 548 m bo seevlak en 'n maksimum helling van 1:13.
<urn:uuid:d2b5d2f6-4d21-4739-88b5-e4d907c80c8a>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Eccapas
2019-07-24T01:02:06Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530246.91/warc/CC-MAIN-20190723235815-20190724021815-00450.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999762
false
Boekbronne Jump to navigation Jump to search Biblioteke Suid-Afrika: - Soek die boek in die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika se katalogus - Soek die boek in die SEALS Konsortium se biblioteek - Soek die boek in die Universiteit van Suid-Afrika se biblioteek - Soek die boek in die Universiteit van die Witwatersrand se biblioteek - Soek die boek in die Kaapse Hoër Onderwys Konsortium se biblioteek Wêreldwyd: - Soek die boek deur WorldCat in jou plaaslike biblioteek se katalogus Boekwinkels Suid-Afrika: Ander lande:
<urn:uuid:ace3494b-a024-4909-a5f8-617581a1570b>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Boekbronne/1409022536
2019-07-24T00:29:16Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530246.91/warc/CC-MAIN-20190723235815-20190724021815-00450.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999935
false
AS daar so baie mense is wat werkloos is hoekom nie vir hle aan stel om by natuurbewaring deel te neem
<urn:uuid:713a6b91-4592-4091-9dfb-98624ef1fa4a>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Natuurbewaring
2019-07-16T14:27:56Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524568.14/warc/CC-MAIN-20190716135748-20190716161748-00074.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
1.00001
false
Hulp Bladsye wat na "Bangui" skakel ← Bangui Jump to navigation Jump to search Skakels hierheen Bladsy: Naamruimte: alle (Hoof) Bespreking Gebruiker Gebruikerbespreking Wikipedia Wikipediabespreking Lêer Lêerbespreking MediaWiki MediaWikibespreking Sjabloon Sjabloonbespreking Hulp Hulpbespreking Kategorie Kategoriebespreking Portaal Portaalbespreking Module Module talk Gadget Gadget talk Gadget definition Gadget definition talk Omgekeerde seleksie Filters Versteek insluitings | Versteek skakels | Versteek aansture Die volgende bladsye skakel na Bangui : Wys (vorige 50 | volgende 50 ) ( 20 50 100 250 500 ). Afrika ( ← skakels wysig ) Bloemfontein ( ← skakels wysig ) Kaapstad ( ← skakels wysig ) Pretoria ( ← skakels wysig ) Hoofstad ( ← skakels wysig ) Lys van hoofstede ( ← skakels wysig ) Harare ( ← skakels wysig ) Dakar ( ← skakels wysig ) Nairobi ( ← skakels wysig ) Bissau ( ← skakels wysig ) Bamako ( ← skakels wysig ) Banjul ( ← skakels wysig ) Conakry ( ← skakels wysig ) Luanda ( ← skakels wysig ) Sentraal-Afrikaanse Republiek ( ← skakels wysig ) Maputo ( ← skakels wysig ) Lusaka ( ← skakels wysig ) Windhoek ( ← skakels wysig ) Kaïro ( ← skakels wysig ) Concorde ( ← skakels wysig ) Jamestown, Sint Helena ( ← skakels wysig ) Ceuta ( ← skakels wysig ) Melilla ( ← skakels wysig ) Abidjan ( ← skakels wysig ) Jean-Bédel Bokassa ( ← skakels wysig ) Tripoli ( ← skakels wysig ) Accra ( ← skakels wysig ) Dodoma ( ← skakels wysig ) Sjabloon:Hoofstede in Afrika ( ← skakels wysig ) Maseru ( ← skakels wysig ) Gaborone ( ← skakels wysig ) Monrovia ( ← skakels wysig ) Asmara ( ← skakels wysig ) Kinshasa ( ← skakels wysig ) Libreville ( ← skakels wysig ) Abuja ( ← skakels wysig ) Antananarivo ( ← skakels wysig ) Addis Abeba ( ← skakels wysig ) Kampala ( ← skakels wysig ) Kigali ( ← skakels wysig ) Rabat ( ← skakels wysig ) Ouagadougou ( ← skakels wysig ) Port Louis ( ← skakels wysig ) Brazzaville ( ← skakels wysig ) Tunis ( ← skakels wysig ) Malabo ( ← skakels wysig ) Lilongwe ( ← skakels wysig ) Mogadisjoe ( ← skakels wysig ) Mbabane ( ← skakels wysig ) Praia, Kaap Verde ( ← skakels wysig ) Wys (vorige 50 | volgende 50 ) ( 20 50 100 250 500 ). Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Bangui " Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Gereedskap Spesiale bladsye Drukbare weergawe Ander tale Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:7ebfc31a-cf2c-4ae0-b7de-e6050bf4b825>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Bangui
2019-07-16T15:05:52Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524568.14/warc/CC-MAIN-20190716135748-20190716161748-00074.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998956
false
Humpata Humpata | | Koördinate: Koördinate: | | Land | Angola | ---|---| Provinsie | Huíla | Stigting | 1880 | Oppervlak | | - Dorp | 1 261 km² (486,9 vk m) | Hoogte | 1 020 m (3 346 vt) | Bevolking (2013) | | - Dorp | 82 560 | - Digtheid | 65,5/km² (169,6/myl2) | Humpata is 'n dorp en plaaslike owerheid in die provinsie Huíla in Angola. Humpata is sowat 20 km van Sá da Bandeira en sowat 150 km vanaf die hawe van Mossamedes in die suidwestelike uithoek van die land geleë. Die dorp is van belang vir Suid-Afrikaners vanweë sy plek in geskiedenis van die Angola-Boere (Dorslandtrekkers) wat hulle in 1881 hier gevestig het. Dit was die sentrum van waar dié pioniers, van wie die meeste lidmate van die Gereformeerde Kerk was, uit Transvaal versprei het na talle dele van die suide van Angola. Die gebied rondom Humpata het 'n gematigde klimaat danksy die hoogte van sowat 2 000 m bo seespieël en bied goeie weiding. Tog het twee faktore die plek se groei gestrem: die verarmde toestand van die immigrante weens die verliese wat hulle gely het op hul uitmergelende trek deur die Dorsland, en die gebrek aan markte binne redelike afstand. Die meeste nasate van die Dorslandtrekkers is aan die einde van die 1920's na Suidwes-Afrika gerepatrieer ingevolge 'n skema van die Uniale regering wat £500 000 gekos het. Altesaam 350 gesinne (wat op 1 900 mense neergekom het) het na Suidwes verhuis. Net 53 gesinne het in Angola agtergebly. In later jare is 'n tegniese instituut op Humpata opgerig, en vanweë die ontwikkeling van die nabygeleë Sá da Bandeira, wat later per spoor met Mossamedes verbind is, het dié deel van Angola in 'n stadium taamlik welvarend geword. Ds. Dirk Postma jr. in Angola[wysig | wysig bron] Ds. Dirk Postma jr. het hom omstreeks 1887 beskikbaar gestel om as eerste Afrikaanse predikant drie jaar na die Dorslandtrekkers, van wie die meeste Doppers (lidmate van die Gereformeerde Kerk) was, by São Januário, Humpata, te gaan. Hy is op 21 Oktober 1888 op Burgersdorp vir dié diens bevestig en bereik sy bestemming, Portugees-Wes-Afrika, in 1889. Afgesien van die waardevolle geestelike en kerklike bediening wat van ds. Postma onder hierdie afgesonderde pioniers uitgaan, rig hy dadelik ook ten behoewe van die verwaarloosde jeug 'n skool op waarin hy self onderwys gee. Hy begin ook daar onder die diensbodes wat saam met die pioniers uit Transvaal getrek het, die sogenaamde "mak volk", met georganiseerde sendingwerk. Om gesondheidsredes moet hy in September 1890 terugkeer en word deur sy broer ds. Marthinus Postma in Mossamedes gehaal. Ds. Postma jr. se boek Eenige schetsen voor eene geschiedenis van de Trekboeren, thans bekend onder den naam van de Gereformeerde gemeente van St. Januario, Humpata . . . (Amsterdam-Pretoria, 1897), het hy opgedra aan pres. Paul Kruger, self lidmaat van die Gereformeerde Kerk. Dit is 'n waardevolle bronnepublikasie vir die geskiedenis van die Dorslandtrek, met 'n menigte dokumente, herinneringe, beskrywings van die land, geografie, plante, sketse en foto's van die baanbrekers en inboorlinge asook 'n skerp waarneming van hul geskiedenis en kulturele agtergrond. Sien ook[wysig | wysig bron] - Gereformeerde kerk Humpata - Jan Lion Cachet - Gereformeerde kerk Burgersdorp - Dirk Postma jr. - Dirk Postma, seun van Marthinus
<urn:uuid:8395ad80-2867-4e3a-9e38-26006ce52cea>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Humpata
2019-07-20T05:31:35Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526446.61/warc/CC-MAIN-20190720045157-20190720071157-00554.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99996
false
Kategorie:Liedartikels sonder liedskrywers Hierdie is 'n versteekte kategorie Dit kategoriseer bladsye vir administratiewe doeleindes. Dit vorm nie deel van die ensiklopedie nie. | This category is for articles about songs where the article is missing the songwriters, because it has not been researched, noted in the relevant article, or available in a reliable source. If the songwriter is never likely to be known (e.g. for historical works), please use Category:Songwriter unknown. Hierdie kategorie bevat geen bladsye of media nie.
<urn:uuid:6ad1fe9d-edb2-4455-9c60-994ac8b2f61b>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Liedartikels_sonder_liedskrywers?from=Yb
2019-07-20T05:26:43Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526446.61/warc/CC-MAIN-20190720045157-20190720071157-00554.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.909397
false
Bestand:Flag of Albania.svg Oorspronkelijk bestand (SVG-bestand, nominaal 980 × 700 pixels, bestandsgrootte: 8 kB) Bestandsgeschiedenis Klik op een datum/tijd om het bestand te zien zoals het destijds was. (nieuwste | oudste) (10 nieuwere | 10 oudere) (10 | 20 | 50 | 100 | 250 | 500) bekijken.Datum/tijd | Miniatuur | Afmetingen | Gebruiker | Opmerking | | ---|---|---|---|---|---| huidige versie | 3 mrt 2019 18:47 | 980 × 700 (8 kB) | FDRMRZUSA | Optimized svg code. No other changes. | | 3 mrt 2019 14:06 | 980 × 700 (17 kB) | Sshu94 | Corrected the color following the Law 8926 22.07.2002 published by the Albanian Parliament | || 20 feb 2019 16:12 | 980 × 700 (8 kB) | FDRMRZUSA | Centered eagle. Optimized svg code. No other changes. | || 19 feb 2019 23:26 | 980 × 700 (8 kB) | FDRMRZUSA | Lower svg resolution: better svg image display. Optimized: reduced svg code. No other changes. | || 11 jan 2019 16:49 | 1.000 × 714 (9 kB) | FDRMRZUSA | Higher svg resolution from same file (latest version): resized by "Inkscape". Same proportion: 5:7. Optimized: reduced code. No other changes. | || 1 aug 2017 12:27 | 700 × 500 (14 kB) | TFerenczy | Reverted to version as of 13:55, 13 December 2016 (UTC) | || 1 aug 2017 11:22 | 320 × 229 (86 kB) | Ilfga | albania flag | || 13 dec 2016 15:55 | 700 × 500 (14 kB) | AceDouble | tail | || 12 dec 2016 01:20 | 700 × 500 (14 kB) | AceDouble | smoothed arms | || 9 sep 2016 13:25 | 700 × 500 (14 kB) | AceDouble | minor edits | Bestandsgebruik Globaal bestandsgebruik De volgende andere wiki's gebruiken dit bestand: - Gebruik op ab.wikipedia.org - Gebruik op ace.wikipedia.org - Gebruik op ady.wikipedia.org - Gebruik op af.wikipedia.org - Europa - Grieks - Brussel - Lys van hoofstede - Aroemeens - Bulgaars - Masedonies - Bosnies - Lys van lande volgens bevolking - Albanië - Angela Merkel - Gebruiker:Berlage~afwiki - Albanees - Kategorie:Albanië - Lys van lande volgens bevolkingsdigtheid - NAVO - Moeder Teresa - Stade Vélodrome - Stade Félix-Bollaert - Lys van lande - Lys van lande volgens Menslike-ontwikkelingsindeks - Sjabloon:Landdata Albanië - Lys van lande volgens BBP (nominaal) per capita - Lys van lande volgens BBP (koopkragpariteit) per capita - Lys van lande volgens oppervlak - Lys van lande volgens geletterdheidskoers - Jens Stoltenberg - Skopje - Tirana - Olimpiese Somerspele 2008 - Olimpiese Somerspele 2012 - Olimpiese Somerspele 2004 - Istanboel - Olimpiese Somerspele 2000 - Olimpiese Somerspele 1996 - Olimpiese Somerspele 1992 - Olimpiese Somerspele 2016 - Olimpiese Winterspele 2010 - Olimpiese Winterspele 2014 - Olimpiese Winterspele 2006 Globaal gebruik van dit bestand bekijken.
<urn:uuid:f6bf5d38-ea54-4376-8739-0295dccd3526>
CC-MAIN-2019-30
https://nl.m.wikipedia.o…g_of_Albania.svg
2019-07-21T13:37:17Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527000.10/warc/CC-MAIN-20190721123414-20190721145414-00154.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.729149
false
Witpenskorhaan Witpenskorhaan | |||||||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| E. s. canicollis, mannetjie in Kenia. | |||||||||||||||| Bewaringstatus | |||||||||||||||| Wetenskaplike klassifikasie | |||||||||||||||| Binomiale naam | |||||||||||||||| Eupodotis senegalensis (Vieillot, 1820) | |||||||||||||||| Sinonieme | |||||||||||||||| Eupodotis barrowii | Die witpenskorhaan (Eupodotis senegalensis) is 'n skaars standvoël wat voorkom in die Oos-Kaap, noordoos Vrystaat en Gauteng. Die voël leef in oop grasvelde en yl beboste savanne en verkies hoër gras soos die meeste korhane. Die voël is 52 – 60 cm groot en weeg 1.2 – 1.6 kilogram. In Engels staan die voël bekend as die White-bellied Korhaan of White-bellied Bustard. Subspesies[wysig | wysig bron] Vyf subspesies word erken:[2] - E. s. senegalensis (Vieillot, 1820) - E. s. canicollis (Reichenow, 1881) - E. s. erlangeri (Reichenow, 1905) - E. s. mackenziei (C.M.N. White, 1945) - E. s. barrowii (J.E. Gray, 1829) Sien ook[wysig | wysig bron] Wikimedia Commons bevat media in verband met Eupodotis senegalensis. | - Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls - Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) - Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name Bron[wysig | wysig bron] Verwysings[wysig | wysig bron] - BirdLife International (2012). "Eupodotis senegalensis". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012. - White-bellied Bustard, Internet Bird Collection
<urn:uuid:e06cfe8d-b3bf-4f08-be9a-50899dddad58>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Eupodotis_senegalensis
2019-07-22T18:40:33Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528208.76/warc/CC-MAIN-20190722180254-20190722202254-00314.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.984119
false
Johann Bayer Johann Bayer | | Gebore | 1572 Rain, Beiere | ---|---| Oorlede | 7 Maart 1625 Augsburg | Burgerskap | Heilige Romeinse Ryk | Vakgebied | Sterrekunde, regsleer | Alma mater | Universiteit van Ingolstadt | Bekend vir | Uranometria | Loopbaan[wysig | wysig bron] Bayer het ná sy studies in Augsburg as ’n regsgeleerde begin werk.[1] Hy het verskeie belangstellings buite sy werk gehad, onder meer argeologie en wiskunde. Hy is egter veral bekend vir sy werk in sterrekunde, in besonder die bepaling van hemelliggame se posisie. Bayer is die bekendste vir sy steratlas, Uranometria, wat die eerste keer in 1603 in Augsburg gepubliseer is.[2] Dit was die eerste atlas wat die hele lugruim gedek het.[3] In die atlas is ’n nuwe benamingstelsel, die Bayer-name vir sterre, bekend gestel.[4] Hy het ook 12 nuwe sterrebeelde in die atlas gelys wat onbekend was aan die Antieke Grieke en Romeine.[3] Verwysings[wysig | wysig bron] - Hockey, Thomas (2009). The Biographical Encyclopedia of Astronomers. Springer Publishing. ISBN 978-0-387-31022-0. Besoek op 22 Augustus 2012. - Kanas, Nick (2007), Star maps: history, artistry, and cartography, Springer-Praxis books in popular astronomy, Springer, p. 153–155, ISBN 0-387-71668-8, http://books.google.com/books?id=xepttjhzaH8C&pg=RA1-PA153 - Asimov, Asimov's Biographical Encyclopedia of Science and Technology 2de hersien uitgawe - Ridpath, Ian, Bayer's Uranometria and Bayer letters, http://www.ianridpath.com/startales/bayer.htm Eksterne skakels[wysig | wysig bron] Wikimedia Commons bevat media in verband met Johann Bayer. |
<urn:uuid:8b4f2300-8f60-4a22-a305-cf0826fabfdc>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Johann_Bayer
2019-07-22T18:37:43Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528208.76/warc/CC-MAIN-20190722180254-20190722202254-00314.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998707
false
Kategorie:Wikipedia-artikels met BNF-identifiseerders Jump to navigation Jump to search (vorige bladsy) (volgende bladsy) Vir meer inligting, sien Wikipedia:Gesagbeheer. Hierdie is 'n versteekte kategorie Dit kategoriseer bladsye vir administratiewe doeleindes. Dit vorm nie deel van die ensiklopedie nie. | Bladsye in kategorie "Wikipedia-artikels met BNF-identifiseerders" Die volgende 200 bladsye is in hierdie kategorie, uit 'n totaal van 13 578. (vorige bladsy) (volgende bladsy)U - UEFA - UEFA Europa-beker - Uganda - Walter Ulbricht - Tracey Ullman - Liv Ullmann - Skeet Ulrich - Umberto I van Italië - Umbrië - Blair Underwood - Carrie Underwood - Unesco - Billy Unger - UNICEF - Unified Modeling Language - Gabrielle Union - United States Postal Service - Universidade Estadual de Feira de Santana - Universiteit van Al-Qarawiyyin - Universiteit van Amsterdam - Universiteit van Cambridge - Universiteit van Concepción - Universiteit van Göttingen - Universiteit van Kalifornië, Berkeley - Universiteit van Leeds - Universiteit van Leiden - Universiteit van Manitoba - Universiteit van Oxford - Universiteit van Padua - Universiteit van Potsdam - Universiteit van Princeton - Universiteit van Rennes 1 - Universiteit van Rennes 2 - Universiteit van Southampton - Universiteit van Suid-Afrika - Universiteit van Tübingen - Universiteit van Uppsala - Universiteit van Vilnius - Universiteit van Wene - Université de Montréal - Unix - Uns ist ein Kind geboren, BWV 142 - Unser Mund sei voll Lachens, BWV 110 - Uppsala - Kate Upton - Uranus - Yevgeni Urbansky - Uriah Heep - Alvaro Uribe - Robert Urich - Leon Uris - Ursula Karven - Uruguay - USA Today - Usher (musikant) - Peter Ustinov - Utrecht (provinsie) - Uttar Pradesh - Uxmal - Jamie Uys - Pieter-Dirk Uys V - V. - Brenda Vaccaro - Vadodara - Vaduz - Vakuumbuis - Val-d'Oise - Val-de-Marne - Valence - Valencia, Spanje - Valencia, Venezuela - Achille Valenciennes - Valens - Paul Valentine - Valentinianus I - Valladolid - Ramón del Valle-Inclán - Rudy Vallée - Valletta - Amber Valletta - Cesare Valletti - Frankie Valli - Vampier - Ludwig van Beethoven - Marcus Zuerius van Boxhorn - Martin Van Buren - Lee Van Cleef - Martin van Creveld - Jean-Claude Van Damme - Henry van de Velde - Gert van den Bergh - Laurens van der Post - James Van Der Beek - Johannes Theodorus van der Kemp - Max van der Stoel - Barry Van Dyke - Dick Van Dyke - Shane Van Dyke - Theo van Gogh - André van Gyseghem - Ernst van Heerden - Etienne van Heerden - Jan van Helmont - Brian Van Holt - Antonie van Leeuwenhoek - Hans van Manen - Johannes van Melle - Hans van Mierlo - Marlene van Niekerk - Rik Van Nutter - Dick Van Patten - Siener van Rensburg - Jan van Riebeeck - Rembrandt van Rijn - Gus van Sant - Herman van Veen - Travis Van Winkle - Frederik Van Zyl Slabbert - Vanadium - Courtney B. Vance - Vancouver - Gloria Vanderbilt - Warren Vanders - Vangelis - Vannes - Shantel VanSanten - Vanuatu - Var - Victor Varconi - Nia Vardalos - Vargo - Pierre Varignon - Raja Ravi Verma - Michael Vartan - Giorgio Vasari - Liz Vassey - Sofia Vassilieva - Vatikaanstad - Vaucluse - Alberta Vaughn - Robert Vaughn - Vince Vaughn - Vaupés (departement) - Bruno VeSota - Heinrich Vedder - Veelvoudige ster - Veer (toestel) - Alexa Vega - Conrad Veidt - Simone Veil - Veiligheidsgordel - Jaci Velasquez - Diego Velázquez - Lupe Vélez - Reginald VelJohnson - Pyotr Velyaminov - Tomas Venclova - Venda (taal) - Vendas - Vendée - Venesië - Venezuela - Venice, Los Angeles - Venom (musiekgroep) - Craig Venter - Eben Venter - Milo Ventimiglia - Vincent Ventresca - Jesse Ventura - Venus (mitologie) - Venus de Milo - Benay Venuta - Lawrence Venuti - Vera Lynn - Giuseppe Verdi - Gwen Verdon - Verdrag van Lissabon - Verdrag van Versailles - Verdun - Vereinigte Zwietracht der wechselnden Saiten, BWV 207 - Verenigde Koninkryk - Verenigde Nasies - Verenigde Oos-Indiese Kompanjie - Verenigde State van Amerika - Sofía Vergara - Vergilius - Vergnügte Ruh, beliebte Seelenlust, BWV 170 - Pieter Verhoef - Guy Verhofstadt - Luis Fernando Verissimo - Verligting - Johannes Vermeer - Vermensliking - Annie Vernay - Jules Verne - Glen Vernon - Kate Vernon - Andrea del Verocchio - Gianni Versace - Versailles
<urn:uuid:db47c62d-c4e5-48d8-abe5-3ba57e767ade>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Wikipedia-artikels_met_BNF-identifiseerders?from=Ue
2019-07-22T19:13:30Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528208.76/warc/CC-MAIN-20190722180254-20190722202254-00314.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.702047
false
Ralph Taeger Jump to navigation Jump to search Ralph Taeger | | Geboorte | 30 Julie 1936 | ---|---| Nasionaliteit | Amerikaans | Sterfte | 11 Maart 2015 (op 78) | Kinders | 1 | Beroep(e) | Akteur | Internet-rolprentdatabasis-profiel | Ralph Taeger (30 Julie 1936 – 11 Maart 2015) was 'n Amerikaanse akteur. Hy was bekend vir sy rolle in die televisiereekse Klondike (1960), Acapulco (1961), The Man from U.N.C.L.E. (1964), en Hondo (1967). Filmografie[wysig | wysig bron] Rolprente[wysig | wysig bron] - 1961: X-15 - 1964: A House Is Not a Home - 1970: The Delta Factor Televisiereekse[wysig | wysig bron] - 1960: Klondike - 1961: Acapulco - 1964: The Man from U.N.C.L.E. - 1967: Hondo Televisierolprente[wysig | wysig bron] - 1962: A.P.O. 923 - 1967: Hondo and the Apaches
<urn:uuid:c12bcd91-5c1a-4661-be09-c0268552ab89>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Ralph_Taeger
2019-07-22T19:08:36Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528208.76/warc/CC-MAIN-20190722180254-20190722202254-00314.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.985682
false
Sari Maritza Jump to navigation Jump to search Sari Maritza | | Geboorte | 17 Maart 1910 | ---|---| Nasionaliteit | Engels | Beroep(e) | Aktrise | Internet-rolprentdatabasis-profiel | Sari Maritza (17 Maart 1910 – Julie 1987) was 'n Engelse aktrise. Sy was bekend vir haar rolle in die rolprente Latin Love (1930), Forgotten Commandments (1932), Her Secret (1933), en Crimson Romance (1934). Filmografie[wysig | wysig bron] Rolprente[wysig | wysig bron] - 1930: Latin Love - 1930: Bed and Breakfast - 1931: No Lady - 1932: Forgotten Commandments - 1932: Evenings for Sale - 1932: The Water Gipsies - 1932: Monte Carlo Madness - 1933: Her Secret - 1933: A Lady's Profession - 1933: The Right to Romance - 1934: Crimson Romance
<urn:uuid:12c4e7f5-6878-4e48-90b7-1ce3457d9709>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Sari_Maritza
2019-07-22T18:40:58Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528208.76/warc/CC-MAIN-20190722180254-20190722202254-00314.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.90469
false
Boekbronne Jump to navigation Jump to search Biblioteke Suid-Afrika: - Soek die boek in die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika se katalogus - Soek die boek in die SEALS Konsortium se biblioteek - Soek die boek in die Universiteit van Suid-Afrika se biblioteek - Soek die boek in die Universiteit van die Witwatersrand se biblioteek - Soek die boek in die Kaapse Hoër Onderwys Konsortium se biblioteek Wêreldwyd: - Soek die boek deur WorldCat in jou plaaslike biblioteek se katalogus Boekwinkels Suid-Afrika: Ander lande:
<urn:uuid:f2e918b6-b7e7-4791-93a9-72883a90759d>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Boekbronne/978-92-9028-211-2
2019-07-22T18:42:29Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528208.76/warc/CC-MAIN-20190722180254-20190722202254-00314.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999935
false
Hulp Bladsye wat na "Haute-Corse" skakel ← Haute-Corse Jump to navigation Jump to search Skakels hierheen Bladsy: Naamruimte: alle (Hoof) Bespreking Gebruiker Gebruikerbespreking Wikipedia Wikipediabespreking Lêer Lêerbespreking MediaWiki MediaWikibespreking Sjabloon Sjabloonbespreking Hulp Hulpbespreking Kategorie Kategoriebespreking Portaal Portaalbespreking Module Module talk Gadget Gadget talk Gadget definition Gadget definition talk Omgekeerde seleksie Filters Versteek insluitings | Versteek skakels | Versteek aansture Die volgende bladsye skakel na Haute-Corse : Wys (vorige 50 | volgende 50 ) ( 20 50 100 250 500 ). Frankryk ( ← skakels wysig ) Nice ( ← skakels wysig ) Morbihan ( ← skakels wysig ) Finistère ( ← skakels wysig ) Ille-et-Vilaine ( ← skakels wysig ) Calvados (département) ( ← skakels wysig ) Parys ( ← skakels wysig ) Lille ( ← skakels wysig ) Nantes ( ← skakels wysig ) Département ( ← skakels wysig ) Sint Pierre en Miquelon ( ← skakels wysig ) Côtes-d'Armor ( ← skakels wysig ) Metz ( ← skakels wysig ) Straatsburg ( ← skakels wysig ) Lyon ( ← skakels wysig ) Marseille ( ← skakels wysig ) Sjabloon:Départements van Frankryk ( ← skakels wysig ) Lozère ( ← skakels wysig ) Grenoble ( ← skakels wysig ) Toulouse ( ← skakels wysig ) Orléans ( ← skakels wysig ) Quimper ( ← skakels wysig ) Avignon ( ← skakels wysig ) Mayotte ( ← skakels wysig ) Réunion ( ← skakels wysig ) Perpignan ( ← skakels wysig ) Nord ( ← skakels wysig ) Rennes ( ← skakels wysig ) Manche ( ← skakels wysig ) Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede ( ← skakels wysig ) Toulon ( ← skakels wysig ) La Rochelle ( ← skakels wysig ) Vannes ( ← skakels wysig ) Rouen ( ← skakels wysig ) Colmar ( ← skakels wysig ) Clermont-Ferrand ( ← skakels wysig ) Nanterre ( ← skakels wysig ) Les Plus Beaux Villages de France ( ← skakels wysig ) Arras ( ← skakels wysig ) Pyrénées-Atlantiques ( ← skakels wysig ) Montpellier ( ← skakels wysig ) Bouches-du-Rhône ( ← skakels wysig ) Nîmes ( ← skakels wysig ) Gard ( ← skakels wysig ) Frans-Guyana ( ← skakels wysig ) Le Mans ( ← skakels wysig ) Bordeaux ( ← skakels wysig ) Saint-Étienne ( ← skakels wysig ) Troyes ( ← skakels wysig ) Alpes-de-Haute-Provence ( ← skakels wysig ) Wys (vorige 50 | volgende 50 ) ( 20 50 100 250 500 ). Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Haute-Corse " Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Gereedskap Spesiale bladsye Drukbare weergawe Ander tale Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:6d7dc008-246b-4a05-a4e1-63ed3a565ea2>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Haute-Corse
2019-07-22T18:37:40Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528208.76/warc/CC-MAIN-20190722180254-20190722202254-00314.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998546
false
Hulp Bladsye wat na "Ronald Venetiaan" skakel ← Ronald Venetiaan Jump to navigation Jump to search Skakels hierheen Bladsy: Naamruimte: alle (Hoof) Bespreking Gebruiker Gebruikerbespreking Wikipedia Wikipediabespreking Lêer Lêerbespreking MediaWiki MediaWikibespreking Sjabloon Sjabloonbespreking Hulp Hulpbespreking Kategorie Kategoriebespreking Portaal Portaalbespreking Module Module talk Gadget Gadget talk Gadget definition Gadget definition talk Omgekeerde seleksie Filters Versteek insluitings | Versteek skakels | Versteek aansture Die volgende bladsye skakel na Ronald Venetiaan : Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). Suriname ( ← skakels wysig ) Dési Bouterse ( ← skakels wysig ) Bespreking:Ronald Venetiaan ( ← skakels wysig ) Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Ronald_Venetiaan " Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Gereedskap Spesiale bladsye Drukbare weergawe Ander tale Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:4ccf1a67-c891-42d4-a07f-f4177d97e0f8>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Ronald_Venetiaan
2019-07-22T18:40:43Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528208.76/warc/CC-MAIN-20190722180254-20190722202254-00314.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.994769
false
Bespreking:64 Jump to navigation Jump to search Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die 64-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. | Artikelriglyne Daaglikse bladtrekke | |
<urn:uuid:0690f883-6dab-4cc0-ba3a-7b1cd5769067>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:64
2019-07-24T01:01:21Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530246.91/warc/CC-MAIN-20190723235815-20190724021815-00474.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999996
false
Hubble-diepveld Die Hubble-diepveld (HDV) is ’n foto van ’n klein streek in die sterrebeeld Groot Beer wat saamgestel is uit ’n reeks waarnemings deur die Hubble-ruimteteleskoop. Dit dek ’n gebied van sowat 2,6 boogminute aan elke sy – dit is sowat ’n 24 miljoenste van die hele lugruim, of die grootte van ’n tennisbal op ’n afstand van 100 meter.[1] Die foto bestaan uit 342 aparte beligtings oor 10 opeenvolgende dae tussen 18 en 28 Desember 1995.[2] Die veld is so klein dat net ’n paar voorgrondsterre van die Melkweg daarin voorkom. Dus is feitlik al 3 000 voorwerpe op die foto sterrestelsels; van hulle is onder die oudste en verste stelsels bekend. Deur so baie jong sterrestelsels te onthul het die HDV ’n landmerkbeeld in fisiese kosmologie geword. Drie jaar later is ’n streek in die suidelike lugruim op dieselfde manier afgeneem; dit is die Hubble-diepveld-suid. Die ooreenkomste tussen die twee beelde het getoon die heelal is oor groot gebiede eenvormig en dat die Aarde ’n tipiese ruimte in die heelal beslaan. In 2004 is ’n dieper foto, bekend as die Hubble-ultradiepveld, geneem met ’n beligting van ’n paar maande. Dié beeld was destyds die mees sensitiewe sterrekundige beeld wat ooit by sigbare golflengtes geneem is – tot met die uitreiking van die Hubble Ekstreme Diepveld-foto in 2012.
<urn:uuid:c47aa934-8407-4227-9142-de32c487514d>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Hubble-diepveld
2019-07-24T00:44:29Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530246.91/warc/CC-MAIN-20190723235815-20190724021815-00474.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
1.000003
false
Boekbronne Jump to navigation Jump to search Biblioteke Suid-Afrika: - Soek die boek in die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika se katalogus - Soek die boek in die SEALS Konsortium se biblioteek - Soek die boek in die Universiteit van Suid-Afrika se biblioteek - Soek die boek in die Universiteit van die Witwatersrand se biblioteek - Soek die boek in die Kaapse Hoër Onderwys Konsortium se biblioteek Wêreldwyd: - Soek die boek deur WorldCat in jou plaaslike biblioteek se katalogus Boekwinkels Suid-Afrika: Ander lande:
<urn:uuid:e2580615-3d48-4b9c-9d19-5d7c4826ff21>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Boekbronne/1585746851
2019-07-24T00:55:29Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530246.91/warc/CC-MAIN-20190723235815-20190724021815-00474.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999935
false
Byl 'n Byl is 'n spesiale stuk handgereedskap wat gewoonlik gebruik word om bome of hout mee te kap, soortgelyk aan 'n pik. Dit het gewoonlik 'n stewige kop en 'n lang of 'n kort steel. Dié soorte met lang stele is die harde werkers wat gebruik word om bome in die bos mee te fel. Dié met korter stele word veral tydens kampering, jag- en staptogte gebruik om vuurmaakhout te versamel en stukke hout kleiner te kap.
<urn:uuid:7b136c30-869e-4804-b478-a4784681c1b3>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Byl
2019-07-17T19:04:59Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525374.43/warc/CC-MAIN-20190717181736-20190717203736-00258.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
1.000002
false
Siklotron 'n Siklotron is 'n tipe partikelversneller wat gekenmerk word deur die feit dat die partikels in 'n sterk konstante magneetveld vasgevang word tydens die versnelling. Hierdeur dwing die magneetveld die gelaaide partikels om in 'n sirkelvormige baan te beweeg. Tydens die beweging word die partikel op sekere plekke deur 'n elektriese veld versnel. Dit beteken dat hy toenemend vinniger beweeg, en dus 'n spiraalvormige pad na buite volg. Die siklotron is in 1932 deur die Amerikaanse fisikus Ernest O. Lawrence uitgevind, waarvoor hy die Nobelprys in 1939 ontvang het. Siklotrone was aanvanklik, en tot en met die 1950s, die kragtigste partikelversnellers gewees. Deesdae word hulle veral in die produksie van radioisotope, kernmedisyne (soos proton- en neutronterapie) en die vervaardiging van partikelbundels in kernfisika gebruik. Die 200 MeV oopsektorsiklotron van iThemba LABS (voorheen die Nasionale Versnellersentrum) buite Kaapstad is die kragtigste siklotron in die Suidelike Halfrond. Die grootste siklotron in die wêreld is tans die oopsektorsiklotron TRIUMF in Vancouver met 'n deursnee van 18 meter wat protone tot 500 MeV kan versnel. GeskiedenisWysig Die siklotron is deur Ernest Lawrence by die Unversiteit van Kalifornië se Berkeley kampus uitgevind en gepatenteer waar dit vir die eerste keer in 1932 in werking getree het. Hierna het hy 'n reeks siklotronne by die universitiet se Radiation Laboratory gebou wat destyds die kragtigste partikelversnellers in die wêreld was; 'n 68 cm masjien van 4.8 MeV in 1932, 'n 94 cm masjien van 8 MeV in 1937 en 'n 1.5 m masjien van 16 MeV in 1939. WerkingWysig 'n Siklotron benodig twee hoofeienskappe om te werk: eerstens moet daar 'n sterk magnetiese veld wees wat die partikel forseer om in 'n sirkel te beweeg, en tweedens moet daar 'n elektriese veld wees wat die partikel vorentoe druk sodat hy die heeltyd versnel. 'n Eenvoudige siklotron bestaan uit 'n sterk (groter as 1 Tesla) magneet, wat gewoonlik so gedraai word dat die magneetlyne vertikaal loop en die magneetpole horisontaal is. In die spasie tussen die magneetpole word daar 'n vakuumkamer geplaas waarbinne die partikels beweeg. Daar word ook ten minste twee 'D' vormige elektrodes, oftewel dees, langs die bewegingsvlak geplaas wat die versnellende elektriese veld verskaf. Wanneer 'n gelaaide partikel in 'n konstante magneetveld beweeg, is hy onderhewig aan die Lorentz krag wat hom in 'n rigting reghoekig aan sy beweegrigting druk. Die gevolg hiervan is dat hy in 'n sirkelvormige baan rondom die magnetiese veldlyne draai. Hierdie sirkelvormige beweging staan bekend as siklotronbeweging, en het die belangrike eienskap dat die partikel sy omwenteling altyd binne dieselfde tyd voltooi, ongeag van hoe vinnig hy beweeg. Vir hoër spoed is die radius van die sirkel groter, maar die omwentelingsperiode bly konstant. Hierdie omwentelingsfrekwensie word die siklotronfrekwensie genoem. Die versnelling van die partikel vind in die spasies tussen die twee D elektrodes plaas, deur 'n elektriese veld (dus 'n spanningsverskil) tussen die dees op te wek wat die partikel vorentoe druk. Die elektriese krag moet in dieselfde rigting wys as die partikel se snelheid, maar die partikel verander die heeltyd van rigting: as hy van dee A na dee B beweeg, dan sal hy 'n halwe omwenteling later weer terug van dee B na dee A beweeg. Dit beteken dat die elektriese veld ook binne daardie tyd van rigting moet verander. Mens moet dus 'n wisselstroom spanning tussen die dees opwek. Die frekwensie van so 'n siklotron se D-spanning, is dieselfde as die partikel se siklotronfrekwensie, wat oor die algemeen vir protone in die omgewing 5-30 MHz is. Dit is dus in die radiofrekwensie (RF) golfband, en daar word dus gesê dat die partikelversnelling deur middel van RF golwe plaasvind.
<urn:uuid:95b31c27-5d36-4b24-98b1-150089739831>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Siklotron
2019-07-17T19:11:58Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525374.43/warc/CC-MAIN-20190717181736-20190717203736-00258.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999995
false
Historia versión On-line ISSN 2309-8392 versión impresa ISSN 0018-229X Resumen OPSOMMING In hierdie artikel ontleed die skrywers geselekteerde hoofstukke in geskiedenishandboeke as opvoedkundige blik op die zeitgeist van hedendaagse Suid-Afrika. Die hoofvraag van die studie is hoe hierdie handboekhoofstukke die lesersgemeenskap posisioneer deur die instelling van die outeurs. Die skrywers fokus spesifiek op die tema van ras en rassisme in die hoofstukke, soos dit in die boeke uitgebeeld word in verskeie wêrelddele in die twintigste eeu. 'n Aantal soortgelyke studies word bespreek om hedendaagse idees en gesprekke oor die temas van ras en rassisme uit te lig. Hierop volg voorbeelde van die data, waaruit die vyf hooftemas dmv diskoersanalise van die handboekhoofstukke saamgestel is. Uit hierdie analise van die hoofstukke is die volgende temas uitgeken: 1) outeurs skryf grootliks vanuit 'n enkele perspektief op die geskiedenis en is onverdraagsaam met dubbelsinnighede; 2) hulle skryf vanuit 'n a-historiese en selfs antihistoriese instelling; 3) hulle gaan reduksionisties om met die inihoud; 4) kritiese denke word "nageboots"; en 5) sommige slaag daarin om geleenthede vir ondersoeking te skep in die teks. Hierdie vyf bevindings word in die artikel taamlik breedvoerig bespreek. Die gevolgtrekking van hierdie deel van die groter navorsingsprojek, en wat in hierdie artikel weergegee is, is dat die hoofstukke wat ontleed is gerig is op 'n spesifieke soort burgerskaponderwys; die teks hou baie nou by die "letter" van die kurrikulum, wat voorhou dat geskiedenisonderwys demokrasie moet bevorder en die wonde van die segregasie verlede moet heel, maar faal in die proses om die "gees" van die kurrikulum te handhaaf. Die artikel word afgesluit met die moontlike gevolge wat so 'n instelling/posiosionering inhou vir die skryf van teksboeke. Palabras clave : teksgemeenskap; ras; rassisme; geskiedenishandboeke; onderwys; kurrikulum.
<urn:uuid:8d35e057-b33b-49c1-9689-3364efe8529b>
CC-MAIN-2019-30
http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_abstract&pid=S0018-229X2011000200010&lng=es&nrm=iso&tlng=af
2019-07-20T07:12:29Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526489.6/warc/CC-MAIN-20190720070937-20190720092937-00018.warc.gz
by
4.0
a_tag
false
false
{ "abbr": [ "by", "by" ], "in_footer": [ false, false ], "in_head": [ false, false ], "location": [ "a_tag", "a_tag" ], "version": [ "4.0", "4.0" ] }
false
false
Latn
afr
1.000003
false
798 Jump to navigation Jump to search 798 | ◄ | 7de eeu | ◄8ste eeu► | 9de eeu | ► | Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal | Sien ook: Kategorie:798 | Kalenders | | Karel die Grote se troon in die dom van Aken. | | Die jaar 798 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 98ste jaar van die 8ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. Gebeure[wysig | wysig bron] - Karel die Grote sluit 'n bondgenootskap met die Abodrite.[1] - Slag by Swentanafeld: Die Saksers ten noorde van die Elbe word verslaan deur die Abotriters. - Aartsbiskop Hildebald van Keulen beweer dat die Griekse gesante wat aan Karel die Grote se hof in Aken aangekom het, die doel het ut traderent ei imperium – om aan hom die keiserskap te verleen.[2] - Denebert word tot biskop van Worcester gewy en lê 'n belydenis af wat baie soos Athanasius s'n lyk.[3] Geboortes[wysig | wysig bron] Sterftes[wysig | wysig bron] Verwysings[wysig | wysig bron] - The Conquest of Saxony AD 782–785: Charlemagne's defeat of Widukind of Westphalia David Nicolle Bloomsbury Publishing, 2014,ISBN 1782008268, ISBN 978-1-78200-826-2 - Charlemagne Johannes Fried Harvard University Press, 2016, ISBN 0-674-97341-0, ISBN 978-0-674-97341-1 - The Dublin Review, Deel 71, Early British periodicals Nicholas Patrick Wiseman W. Spooner, 1872
<urn:uuid:9037f9fe-f43b-4e21-81a9-286f626736ca>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/798
2019-07-20T07:36:26Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526489.6/warc/CC-MAIN-20190720070937-20190720092937-00018.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999086
false
Kliprivier kan verwys na: Hierdie is ’n dubbelsinnigheidsbladsy: ’n lys van artikels wat met dieselfde titel geassosieer word. Indien ’n interne skakel u hierheen verwys het, kan u gerus daardie skakel verander sodat dit direk na die gewenste artikel wys. |
<urn:uuid:29b5aeca-f32a-40d6-be6e-e1aed710dfda>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Kliprivier
2019-07-21T13:42:54Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527000.10/warc/CC-MAIN-20190721123414-20190721145414-00178.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
1.000008
false
Bespreking:Sieve Jump to navigation Jump to search Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Sieve-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. | Artikelriglyne Daaglikse bladtrekke | |
<urn:uuid:03dd3da5-e782-4f4f-bbf8-62b88ae8a313>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Sieve
2019-07-24T00:31:24Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530246.91/warc/CC-MAIN-20190723235815-20190724021815-00498.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999989
false
Kalabrium Periode/ sisteem | Epog/ serie | Tydsnede/ etage | M. jaar gelede | || ---|---|---|---|---|---| Kwartêr | Holoseen | 0–0,0117 | ||| Pleistoseen | Tarantium | 0,0117–0,126 | ||| Ionium | 0,126–0,781 | |||| Kalabrium | 0,781–1,806 | |||| Gelasium | 1,806–2,588 | |||| Neogeen | Plioseen | Piasensium | ouer | || Die verdeling van die Kwartêr (IKS). | Die Kalabrium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as geologiese tydsnede van onderskeidelik die huidige sisteem en periode, die Kwartêr (serie/epog Pleistoseen). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het. Definisie[wysig | wysig bron] Die basis van die Kalabrium word gedefinieer deur die laaste voorkoms van die nanoplankton Discoaster brouweri en die Foraminifera Globigerinoides extremus, en die eerste voorkoms van Gephyrocapsa spp.; die bokant word gedefinieer as die begin van die Middel-Pleistoseen en dus die omkering van die aarde se magneetveld tussen die magnetiese chronosones Matuyama en Brunhes. Verwysings[wysig | wysig bron] - Gradstein et al. (2012) Bronne[wysig | wysig bron] - ( Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.; 2012: A Geologic Time Scale 2012, Elsevier, ) ISBN 0444594256.
<urn:uuid:990b8151-731a-4cb2-becf-a776227aa163>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kalabrium
2019-07-24T00:24:05Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530246.91/warc/CC-MAIN-20190723235815-20190724021815-00498.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999484
false
Kategorie:Liedartikels sonder liedskrywers Hierdie is 'n versteekte kategorie Dit kategoriseer bladsye vir administratiewe doeleindes. Dit vorm nie deel van die ensiklopedie nie. | This category is for articles about songs where the article is missing the songwriters, because it has not been researched, noted in the relevant article, or available in a reliable source. If the songwriter is never likely to be known (e.g. for historical works), please use Category:Songwriter unknown. Hierdie kategorie bevat geen bladsye of media nie.
<urn:uuid:56cca5b0-bd48-4062-8e89-765574169776>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Liedartikels_sonder_liedskrywers?from=Ef
2019-07-24T00:29:58Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530246.91/warc/CC-MAIN-20190723235815-20190724021815-00498.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.909397
false
Kategorie:Liedartikels sonder liedskrywers Hierdie is 'n versteekte kategorie Dit kategoriseer bladsye vir administratiewe doeleindes. Dit vorm nie deel van die ensiklopedie nie. | This category is for articles about songs where the article is missing the songwriters, because it has not been researched, noted in the relevant article, or available in a reliable source. If the songwriter is never likely to be known (e.g. for historical works), please use Category:Songwriter unknown. Hierdie kategorie bevat geen bladsye of media nie.
<urn:uuid:da19a474-cc0b-4c15-b617-4be15df2c23e>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Liedartikels_sonder_liedskrywers?from=Wh
2019-07-24T00:42:08Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530246.91/warc/CC-MAIN-20190723235815-20190724021815-00498.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.909397
false
Klas MC Mallet-stoomlokomotief Die SAR Klas MC no. 1608, om en by 1912 | | Tipe en oorsprong | | ---|---| Kragtipe | Stoom | Ontwerper | American Locomotive Company | Vervaardiger | North British Locomotive Company | Serienommer | 19577-19586 [1] | Model | NGR Mallet | Klas | SAR Klas MC | Vervaardig | 1912 | Aantal gebou | 10 | Bouspesifikasies | | Konfigurasie | 2-6-6-0 Mallet | Spoorbreedte | Kaapspoor | Voorwielomtrek | 724 mm (28 1⁄2 dm) | Dryfwielomtrek | 1,160 mm (45 1⁄2 dm) | Min. draaisirkel | 106.680 m | Wielbasis | Totaal: 18.059 m Enjin: 2.540 m per gekoppelde deel, 10.185 m totaal Tender: 1.372 m boegie, 5.029 m totaal | Lengte | 20.364 m | Hoogte | 3.789 m | Asbelasting | 14.9 t op die 6de drywer | Massa op dryfwiele | 87.9 t | Lokomotiefmassa | 96.8 t | Tendermassa | 44.2 t | Gesamentlike massa | 141.0 t | Tendertipe | 2 asboegie 762 mm wiele | Aandrywing | | Brandstof | Steenkool | Brandstofkapasiteit | 8.4 t | Waterkapasiteit | 18,000 l | Stoomketel | 1.727 m binnediameter 4.947 m binnelengte | Stoomketeldruk | 1 380 kPa | Vuurroosteroppervlak | 3.948 m2 | Verhittingsoppervlak | 258 buise van 57.1 mm diameter | – Vuurkas | 14.307 m2 | – Totaal | 243.034 m2 | Silinders | Vier | Hoëdruk- silindergrootte | 444 mm (17 1⁄2 dm) boor 660 mm (26 dm) slag | Laedruk- silindergrootte | 711 mm (28 dm) boor 660 mm (26 dm) slag | Klepwerk | Walschaerts[2] | Werkverrigting | | Trekkrag | 199 kN teen 50% keteldruk | Diensgeskiedenis | | Gebruiker | Suid-Afrikaanse Spoorweë | Aantal in klas | 10 | Vlootnommer(s) | 1607-1616[1] | Plek gebruik | KwaZulu-Natal | Afleweringsdatum | 1912 | Eerste tog | 1912 | Onttrekkingsdatum | 1934 | Die Klas MC Mallet-stoomlokomotief is gebruik deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë en in diens gestel in 1912 om swaar vragte op die KwaZulu-Natal hooflyn te trek. Daar was tien lokomotiewe deur die Britse maatskappy North British Locomotive Company gebou. Hulle is soortgelyk aan Klas MB, toegerus met Walschaerts-klepratwerk en was nie toegerus met 'n superverhitter nie. Die lokomotiewe is in 1934 uit diens gestel. Klas MC-1 is dieselfde lokomotief as Klas MC maar is toegerus met superverhitters wat hulle vermoë aansienlik verbeter het. Daar was 12 lokomotiewe van die klas gebou deur North British Locomotive Company in 1914. Hulle het diens gedoen op die KwaZulu-Natal hooflyn, Kaapse Middellande en die Hexrivier Spoorwegpas. Die lokomotiewe is in 1939 uit diens gestel. Eksterne skakels[wysig | wysig bron] Verwysings[wysig | wysig bron] Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
<urn:uuid:8e04395f-385a-436e-98e9-9b7db9ce2467>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Klas_MC_Mallet-stoomlokomotief
2019-07-24T00:29:26Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530246.91/warc/CC-MAIN-20190723235815-20190724021815-00498.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998836
false
Republikein Dirk Mudge het die dagblad in Desember 1977 as mondstuk van die Republikeinse Party (RP) opgerig in ‘n tyd toe die bestaande Afrikaanse dagblad in Suidwes-Afrika, Die Suidwester, ‘n mondstuk van die Nasionale Party se Suidwes-Afrikaanse eweknie was.[1] Dié koerant het later as weekblad verskyn, maar is in 1990 gestaak.[2] Die eerste redakteur was die skrywer en geselsprogramaanbieder Jan Spies. Nadat die RP en nog 10 rasgebaseerde politieke partye by die Demokratiese Turnhalle Alliansie (DTA) aangesluit het, het Republikein die nie-amptelike mondstuk van die DTA geword. In 1991 het Republikein deel geword van Democratic Media Holdings, wat ook die Allgemeine Zeitung, Afrika se enigste Duitse dagblad, en die Windhoek Advertiser besit het. Ná talle geskille het die mediamaatskappy sy bande met die DTA in 1997 verbreek en strewe hy sedertdien na groter redaksionele onafhanklikheid. Die maatskappy se naam is intussen verander na Namibia Media Holdings, waarin Naspers van Suid-Afrika ‘n 50%-aandeel het.[3] Republikein se hoofredakteur is Dani Booysen. Die jongste betroubare sirkulasiesyfer was 18 000 in 2007. Republikein bied ook ‘n aanlyn uitgawe van die koerant, wat meestal ‘n weerspieëling is van die inhoud van die gedrukte weergawe, maar wat aangevul word met bykomende inhoud soos video’s. Die koerant gee ook etlike streekskoerante uit.
<urn:uuid:ae12b2a3-fd43-4142-a0e8-49a7f83604d2>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Republikein
2019-07-24T00:48:08Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530246.91/warc/CC-MAIN-20190723235815-20190724021815-00498.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999924
false
Hulp Bladsye wat na "Roda JC Kerkrade" skakel ← Roda JC Kerkrade Jump to navigation Jump to search Skakels hierheen Bladsy: Naamruimte: alle (Hoof) Bespreking Gebruiker Gebruikerbespreking Wikipedia Wikipediabespreking Lêer Lêerbespreking MediaWiki MediaWikibespreking Sjabloon Sjabloonbespreking Hulp Hulpbespreking Kategorie Kategoriebespreking Portaal Portaalbespreking Module Module talk Gadget Gadget talk Gadget definition Gadget definition talk Omgekeerde seleksie Filters Versteek insluitings | Versteek skakels | Versteek aansture Die volgende bladsye skakel na Roda JC Kerkrade : Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). Dick Advocaat ( ← skakels wysig ) Roda JC (aanstuurblad) ( ← skakels wysig ) Eredivisie ( ← skakels wysig ) Eerste divisie ( ← skakels wysig ) KNVB-beker ( ← skakels wysig ) Kerkrade ( ← skakels wysig ) Bespreking:Roda JC Kerkrade ( ← skakels wysig ) Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Roda_JC_Kerkrade " Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Gereedskap Spesiale bladsye Drukbare weergawe Ander tale Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:0a2c479a-cae7-4221-9611-16f5e98a632d>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Roda_JC_Kerkrade
2019-07-24T00:55:53Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530246.91/warc/CC-MAIN-20190723235815-20190724021815-00498.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.996755
false
Arabiese Lente Die Arabiese Lente is 'n golf van proteste, opstande en revolusies wat die Arabiese wêreld vanaf 18 Desember 2010 geteister het.[1] Dit bestaan uit revolusies in Tunisië, Egipte, Libië en Jemen, 'n burgeroorlog in Sirië, groot betogings en proteste in Bahrein, middelgroot proteste in Jordanië, Marokko, Algerië, Irak, Oman en die Palestynse gebiede, asook kleiner proteste in Mauritanië, Saoedi-Arabië, Soedan, Libanon en Koeweit. Geen voorvalle is egter in Katar of die Verenigde Arabiese Emirate aangemeld nie. Die presiese oorsaak van die Arabiese Lente verskil van land tot land. Dit wissel van onderdrukking, onregverdige verkiesings, korrupsie, weghol prysstygings, gebrek aan politieke vryheid en werkloosheid. In verskeie demonstrasies uiter die onderdane van Arabiese regimes hul ontevredenheid en pak die skuld op hul onderskeie regerings se skouers. Talle Arabiese lande (veral Egipte) het 'n hoë geboortesyfer en 'n lae sterftesyfer. Dit het aanleiding gegee tot 'n demografiese krises. 'n Oorvloed van jongmense wil die arbeidsmark betree, maar almal kan nie geakkommodeer word nie. Jonger mense is ook meer geneig om te protesteer, wat tot die onstabiliteit bydra.[2] Op 17 Desember 2010 steek die straatverkoper Mohammed Bouazizi homself aan die brand. Die owerhede het beslag op sy handelsware gelê en hy is deur 'n vroulike polisiebeampte verneder. Dit lei tot groot protesoptogte en die val van die Tunisiese regering, waarna die onstabiliteit na nabygeleë lande oorgespoel het. TydlynWysig - 18 Desember 2010: Tunisië, protesoptogte begin. - 29 Desember 2010: Algerië, protesoptogte begin. - 13-16 Januarie 2011: Libië, betogers word onder bedwang gebring. - 14 Januarie 2011: Jordanië, protesoptogte begin. - 14 Januarie 2011: Tunisië, regering val. - 17 Januarie 2011: Oman, klein optog is gehou. - 18 Januarie 2011: Jemen, protesoptogte begin. - 25 Januarie 2011: Egipte, protesoptogte begin. - 26 Januarie 2011: Sirië, 'n persoon steek homself aan die brand. - 28 Januarie 2011: Palestynse Owerheid, protesoptogte begin. - 28 Januarie 2011: Djiboeti, klein optog is gehou. - 30 Januarie 2011: Soedan, protesoptogte begin. - 1 Februarie 2011: Jordanië, regering word ontbind. - 10 Februarie 2011: Egipte, pres. Mubarak dra sy presidensiële magte aan die vise-president Omar Suleiman oor. - 10 Februarie 2011: Irak, kleinskaalse georganiseerde protes. Nouri al-Maliki kondig aan dat hy nie as 'n kandidaat in die komende verkiesing sal staan nie. - 11 Februarie 2011: Egipte, pres. Hosni Mubarak bedank. - 14 Februarie 2011: Bahrein, protesoptogte begin. - 15 Februarie 2011: Libië, demonstrasies vlam weer op. - 19 Februarie 2011: Koeweit, protesoptogte begin. - 20 Februarie 2011: Marokko, protesoptogte begin. - 25 Februarie 2011: Mauritanië, protesoptogte begin. - 27 Februarie 2011: Libanon, protesoptogte begin. - Maart 2011: Djiboeti, protesoptogte eindig. - 3 Maart 2011: Libië, leier Moeammar al-Ghaddafi verloor beheer oor die grootste deel van die land. - 5 Maart 2011: Libië, Libiese Lugmag begin stede bombardeer. Die opposisiemagte val terug. - 11 Maart 2011: Saoedi-Arabië, protesoptogte begin. - 15 Maart 2011: Sirië, protesoptogte begin. - 19 Maart 2011: Libië, bombardement deur buitelandse lugmagte begin. - 15 April 2011: Iran, protesoptogte begin. - 18 April 2011: Iran, protesoptogte eindig. - Mei 2011: Oman, protesoptogte eindig. - 15 Mei 2011: Israel, protesoptogte begin. - 5 Junie 2011: Israel, protesoptogte eindig. - 3 Augustus 2011: Egipte, pres. Hosni Mubarak se hofsaak begin. - 21-22 Augustus 2011: Libië, opposisie gaan die hoofstad Tripoli binne. - 29 September 2011: Saoedi-Arabië, verkiesings gehou. - 20 Oktober 2011: Libië, Moeammar al-Ghaddafi word in die dorp Sirte deur rebelle om die lewe gebring. - 23 Oktober 2011: Libië, burgeroorlog beëindig. - Desember 2011: Libanon, protesoptogte eindig. - 13 Desember 2011: Tunisië, Moncef Marzouki word die tussentydse president van Tunisie. - 1 Januarie 2012: Algerië, protesoptogte eindig. - 27 Februarie 2012: Jemen, regering word ontbind. Pres. Ali Abdullah Saleh bedank. - Maart-April 2012: Marokko, protesoptogte eindig. - Mei-Junie 2012: Egipte, verkiesings word gehou. Mohamed Morsi word verkies. - Junie 2012: Egipte, protesoptogte eindig. - 4 September 2012: Palestynse Owerheid, protesoptogte begin. Salam Fayyad kondig aan dat by bereid is om te bedank. - 23 Desember 2012: Irak, protesoptogte begin. - Middel van 2013: Sirië, Koerdiese vegters raak in die Siriese burgeroorlog betrokke. - 13 April 2013: Palestynse Owerheid, Salam Fayyad bedank, dit bring 'n einde aan die protesoptogte. - Julie 2013: Koeweit, protesoptogte eindig. - 3 Julie 2013: Egipte, pres. Mohamed Morsi word afgedank. Militêre magte dank die regering af. - 14 Augustus 2013: Egipte, klopjagte uitgevoer. VerwysingsWysig - HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8 - Korotayev A.V., Zinia J.V., Egipteian Revolution: a demographic structural analysis, Entelequia, nr. 13, 2011
<urn:uuid:9e2f75e1-ffad-4751-a092-c7d51134ae49>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Arabiese_Lente
2019-07-16T14:36:09Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524568.14/warc/CC-MAIN-20190716135748-20190716161748-00122.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999456
false
Donkergrysvalk Die Donkergrysvalk (Falco ardosiaceus) is 'n skaars standvoël wat voorkom om die Kunenerivier in Namibië en Angola. Hulle leef gewoonlik in oop boomveld, dikwels naby palms. Die voël is 30 – 35 cm groot, weeg 190 - 300 gram. In Engels staan die voël bekend as Grey Kestrel. Donkergrysvalk | |||||||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Bewaringstatus | |||||||||||||||| Wetenskaplike klassifikasie | |||||||||||||||| Binomiale naam | |||||||||||||||| Falco ardosiaceus Vieillot, 1823 | Inhoud Sien ookWysig BronWysig VerwysingsWysig - BirdLife International (2012). "Falco ardosiaceus". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.
<urn:uuid:0d664c58-1a21-4513-b5df-fba035d91622>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Falco_ardosiaceus
2019-07-16T15:08:34Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524568.14/warc/CC-MAIN-20190716135748-20190716161748-00122.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.995483
false
Republiek Nowgorod Die Republiek Nowgorod (Russies: Новгородская республика; Nowgorodskaja respoeblika) was ’n groot Middeleeuse Russiese stadstaat wat tussen die 12de en 15de eeu gestrek het van die Oossee tot die Oeralgebergte, met die stad Nowgorod as middelpunt. Inwoners het daarna verwys as "Meester Nowgorod die Grote" (Господин Великий Новгород). Inhoud GeskiedenisWysig Die stad was eers die hoofstad van die eerste Russe, totdat die heerser, Oleg, die stad Kiëf verower en die staat Kiëf-Roes gestig het. Nowgorod was daarna deel van Kiëf-Roes, maar het geleidelik ontwikkel tot ’n magtige streekhoofstad wat in ’n groot mate onafhanklik was. In 1136 het die inwoners hul prins van die troon gesit en het daarna self prinse genooi om oor hulle te regeer. Hierdie datum word beskou as die tradisionele begin van die Republiek Nowgorod. Oor die volgende twee eeue het die stad ’n hele aantal prinse uitgenooi en ontslaan, maar die amp is nooit afgeskaf nie en ’n paar magtige prinse, soos Aleksander Nefski, het oor die stad regeer ongeag die wense van die inwoners.[1] Die stadstaat het die grootste deel van Europa se noordooste beheer, van grondgebied oos van die hedendaagse Estland tot by die Oeralgebergte, wat dit een van die grootste state in Middeleeuse Europa gemaak het, hoewel ’n groot deel daarvan yl bevolk was. Een van die belangrikste mense in Nowgorod was die burgemeester (posadnik), ’n amptenaar wat gekies is deur ’n vergadering (wetsje) van die stad se adel (bojare). Die aartsbiskop van Nowgorod was ook ’n belangrike figuur wat die mag met die bojare gedeel het.[2] Die stad se presiese politieke grondwet en die presiese samestelling van die wetsje is egter nie bekend nie. Nowgorod het deur die Middeleeue kultureel vooruitgegaan. ’n Groot aantal dokumente wat op berkebas geskryf is, is opgegrawe en dit kan dui op ’n hoë geletterdheidsyfer. Dit is hier waar die oudste Slawiese boek noord van Macedonië (die Nowgorod-kodeks) geskryf en die oudste inskripsie in ’n Finse taal (Berkebasbrief no. 292) gevind is. Nowgorod is nooit verower tydens die Mongoolse inval in Kiëf-Roes nie. Die Mongoolse leër het 100 km van die stad af omgedraai, waarskynlik omdat die moerasland om die stad die Mongoolse bevelvoerders afgeskrik het. Die val van NowgorodWysig Nowgorod het sy onafhanklikheid verloor weens sy onvermoë om sy groot bevolking te voed. Dit was van die Wladimir-Soezdal-streek afhanklik vir graan. Die hoofstede in die gebied, Moskou en Twer, het dié afhanklikheid gebruik om beheer oor Nowgorod te kry. Ivan III het die stad in 1478 eindelik by die Grootprinsdom van Moskou ingelyf. VerwysingsWysig - Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia - Michael C. Paul, “The Iaroslavichi and the Novgorodian Veche 1230–1270: A Case Study on Princely Relations with the Veche,” Russian History/ Histoire Russe 31, No. 1-2 (Lente-Somer 2004): 39-59. - Michael C. Paul, “Secular Power and the Archbishops of Novgorod Before the Muscovite Conquest.” Kritika: Explorations in Russian and Eurasian History 8, no. 2 (Lente 2007): 231-270.
<urn:uuid:9ca44aaa-a49d-46bb-bba9-0853cdeec814>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Republiek_van_Nowgorod
2019-07-17T19:26:19Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525374.43/warc/CC-MAIN-20190717181736-20190717203736-00282.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999937
false
Bespreking:St Mark's, Oos-Kaap Jump to navigation Jump to search Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die St Mark's, Oos-Kaap-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. | Artikelriglyne Daaglikse bladtrekke | |
<urn:uuid:540f54a7-77ac-43c6-beea-d0e5c4c90bf9>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:St_Mark%27s,_Oos-Kaap
2019-07-17T19:10:31Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525374.43/warc/CC-MAIN-20190717181736-20190717203736-00282.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999941
false
Chinese ui Die Chinese ui[1](Allium chinense) (ook bekend as Chinese scallion, glinsterende sprietui,[2] Japannese scallion, Kiangsi scallion en Oosterse ui) is 'n eetbare spesie van Allium, inheems aan China en Korea, maar dit word ook in baie ander lande verbou.[3] Sy naasverwantes sluit die ui, sjalot, prei, sprietui en knoffel in.[4] Inhoud Verspreiding[wysig | wysig bron] Allium chinense is inheems aan China (in Anhui, Fujian, Guangdong, Guangxi, Guizhou, Hainan, Henan, Hubei, Hunan, Jiangxi, en Zhejiang-provinsies) plus in gebiede waar dit ook doelbewus aangeplant word. Dit is genaturaliseer in ander dele van Asië sowel as in Noord-Amerika.[5][6] Gebruike[wysig | wysig bron] Kulinêr[wysig | wysig bron] As gevolg van sy baie sagte en vars smaak, word A. chinense dikwels gepiekeld bedien as 'n bykos in Japan en Viëtnam, om die sterker geure van ander komponente in 'n maaltyd te neutraliseer. In die Japannese kookkuns word dit bv. saam met Japannese kerrie as 'n garnering geëet.[7] In Viëtnam word gepiekelde Chinese uie dikwels tydens Tết (die Viëtnamese nuwejaar) bedien. Medisinaal[wysig | wysig bron] Allium chinense word gebruik as 'n volksmedisyne in tonikums om te help met 'n ongemaklike ingewande.[8] Name in ander tale[wysig | wysig bron] Sien ook[wysig | wysig bron] - Knoffel grasuie - Gepiekelde uie Verwysings[wysig | wysig bron] - Multilingual Multiscript Plant Name Database: Allium. Universiteit van Melbourne. Opgedateer 3 Augustus 2013. Verkry op 5 September 2014. - English Names for Korean Native Plants (PDF). Pocheon: Korea National Arboretum. 2015. p. 347. ISBN 978-89-97450-98-5. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 25 Mei 2017. Besoek op 17 Desember 2016 – via Korea Forest Service. - Flora of China: Allium chinense G. Don, Mem. Wern. Nat. Hist. Soc. 6: 83. 1827. - Block, E. (2010). Garlic and other Alliums: The Lore and the Science. Royal Society of Chemistry. ISBN 0-85404-190-7. - Plants For A Future: Allium chinense - Verenigde State Departement van Landbou. Plantprofiel: Allium chinense - http://justhungry.com/japanese-beef-curry - James A. Duke. Allium chinense (LILIACEAE). Dr. Duke's Phytochemical and Ethnobotanical Databases. URL besoek op 15 Desember 2017.
<urn:uuid:6715d200-3c40-4390-8273-66aad1b11fd6>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Chinese_ui
2019-07-17T19:30:52Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525374.43/warc/CC-MAIN-20190717181736-20190717203736-00282.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.995583
false
Sjabloon:Gebruiker Akademikus in Wikipedia, die vrye ensiklopedie Jump to navigation Jump to search Hierdie gebruiker is 'n akademikus . Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Sjabloon:Gebruiker_Akademikus&oldid=477566 " Kategorie : Gebruikersjablone Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Sjabloon Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Print/export Download as PDF Gereedskap Skakels hierheen Verwante veranderings Spesiale bladsye Permanente skakel Bladinligting Wikidata-item Ander tale Voeg skakels by Die bladsy is laas op 15 Junie 2009 om 13:27 bygewerk. Die teks is beskikbaar onder die lisensie Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel . Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting. Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:edbcd5ab-c40a-4020-a803-415fd6dd5dcd>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Sjabloon:Gebruiker_Akademikus
2019-07-17T18:43:18Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525374.43/warc/CC-MAIN-20190717181736-20190717203736-00282.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999379
false
Verwante veranderings Jump to navigation Jump to search Tik 'n bladsynaam om veranderinge aan bladsye te sien wat daarvan of daarheen skakel. (Om inskrywings van 'n kategorie te sien, tik Kategorie:Naam van kategorie). Veranderinge aan bladsye op u dophoulys word in vetdruk aangedui. Lys van afkortings: - N - Met die wysiging is 'n nuwe bladsy geskep. (sien ook die lys van nuwe bladsye) - k - Hierdie is 'n klein wysiging - b - Hierdie wysiging is deur 'n bot gemaak - D - Wikidata-wysiging - (±123) - Bladsy is met die aantal grepe gewysig
<urn:uuid:6ddcb519-e206-4d73-8bac-cd0962a5cb7b>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:OnlangseVeranderingsMetSkakels/Pous_Paulus_I
2019-07-17T18:55:33Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525374.43/warc/CC-MAIN-20190717181736-20190717203736-00282.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999999
false
Hulp Bladsye wat na "Santiago de Compostela" skakel ← Santiago de Compostela Jump to navigation Jump to search Skakels hierheen Bladsy: Naamruimte: alle (Hoof) Bespreking Gebruiker Gebruikerbespreking Wikipedia Wikipediabespreking Lêer Lêerbespreking MediaWiki MediaWikibespreking Sjabloon Sjabloonbespreking Hulp Hulpbespreking Kategorie Kategoriebespreking Portaal Portaalbespreking Module Module talk Gadget Gadget talk Gadget definition Gadget definition talk Omgekeerde seleksie Filters Versteek insluitings | Versteek skakels | Versteek aansture Die volgende bladsye skakel na Santiago de Compostela : Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). Lys van Wêrelderfenisgebiede ( ← skakels wysig ) Buenos Aires ( ← skakels wysig ) Orde van die Tempeliers ( ← skakels wysig ) Concorde ( ← skakels wysig ) São Paulo ( ← skakels wysig ) Montpellier ( ← skakels wysig ) Neder-Navarra ( ← skakels wysig ) Ramón del Valle-Inclán ( ← skakels wysig ) Wikipedia:WikiProject Check Wikipedia ( ← skakels wysig ) Jakobsweg ( ← skakels wysig ) Reis ( ← skakels wysig ) Toerisme ( ← skakels wysig ) Galisië ( ← skakels wysig ) Mariano Rajoy ( ← skakels wysig ) Bespreking:Santiago de Compostela ( ← skakels wysig ) Romaanse kuns ( ← skakels wysig ) Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Santiago_de_Compostela " Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Gereedskap Spesiale bladsye Drukbare weergawe Ander tale Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:c65733be-b905-498d-824f-29be4bef7c6d>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Santiago_de_Compostela
2019-07-17T18:57:12Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525374.43/warc/CC-MAIN-20190717181736-20190717203736-00282.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.995964
false
Hulp Bladsye wat na "Sjabloon:Col-begin" skakel ← Sjabloon:Col-begin Jump to navigation Jump to search Skakels hierheen Bladsy: Naamruimte: alle (Hoof) Bespreking Gebruiker Gebruikerbespreking Wikipedia Wikipediabespreking Lêer Lêerbespreking MediaWiki MediaWikibespreking Sjabloon Sjabloonbespreking Hulp Hulpbespreking Kategorie Kategoriebespreking Portaal Portaalbespreking Module Module talk Gadget Gadget talk Gadget definition Gadget definition talk Omgekeerde seleksie Filters Versteek insluitings | Versteek skakels | Versteek aansture Die volgende bladsye skakel na Sjabloon:Col-begin : Wys (vorige 50 | volgende 50 ) ( 20 50 100 250 500 ). Botswana (insluiting) ( ← skakels wysig ) Russies (insluiting) ( ← skakels wysig ) Meksiko (insluiting) ( ← skakels wysig ) C (programmeertaal) (insluiting) ( ← skakels wysig ) Adélieland (insluiting) ( ← skakels wysig ) Sjabloon:Antarktika-aansprake (insluiting) ( ← skakels wysig ) Sjabloon:Col-break ( ← skakels wysig ) Koningin Maudland (insluiting) ( ← skakels wysig ) Peter I-Eiland (insluiting) ( ← skakels wysig ) Antártica Chilena (insluiting) ( ← skakels wysig ) Argentyns-Antarktika (insluiting) ( ← skakels wysig ) Lys van nedersettings in Suid-Korea (insluiting) ( ← skakels wysig ) Saffraan (insluiting) ( ← skakels wysig ) Wikipedia:Kernartikels (insluiting) ( ← skakels wysig ) Sjabloonbespreking:Pouse (insluiting) ( ← skakels wysig ) Ingmar Bergman (insluiting) ( ← skakels wysig ) Rugbywêreldbeker 2007 (insluiting) ( ← skakels wysig ) Lys van lande volgens Menslike-ontwikkelingsindeks (insluiting) ( ← skakels wysig ) Wyn (insluiting) ( ← skakels wysig ) Rugbywêreldbeker 2011 (insluiting) ( ← skakels wysig ) Paralimpiese Somerspele 2012 (insluiting) ( ← skakels wysig ) Gebruiker:Anrie/Sandput3 (insluiting) ( ← skakels wysig ) Gebruiker:Anrie/Voorbladartikels (insluiting) ( ← skakels wysig ) Om gay te wees: straf of seën? (insluiting) ( ← skakels wysig ) Gebruiker:Wordscape/temp18 (insluiting) ( ← skakels wysig ) Gebruiker:Wordscape/temp30 (insluiting) ( ← skakels wysig ) Gebruiker:Wordscape/temp38 (insluiting) ( ← skakels wysig ) Gebruiker:Wordscape/temp39 (insluiting) ( ← skakels wysig ) Gebruiker:Wordscape/temp50 (insluiting) ( ← skakels wysig ) 5FM (insluiting) ( ← skakels wysig ) Gebruiker:Burgert Behr/Allerlei (insluiting) ( ← skakels wysig ) Gebruiker:SpesBona/Artikels (insluiting) ( ← skakels wysig ) Gebruiker:Paix1988/Sandput (insluiting) ( ← skakels wysig ) Westdenedam-ramp (insluiting) ( ← skakels wysig ) Gebruiker:Anrie/Nuttig (insluiting) ( ← skakels wysig ) Australies-Antarktiese Gebied (insluiting) ( ← skakels wysig ) Brits-Antarktiese Gebied (insluiting) ( ← skakels wysig ) Ross-Afhanklikheid (insluiting) ( ← skakels wysig ) Keremcem Dürük (insluiting) ( ← skakels wysig ) Township (insluiting) ( ← skakels wysig ) Gebruiker:Legobot/Wikidata/iswiki ( ← skakels wysig ) Gebruiker:Legobot/Wikidata/frwiki ( ← skakels wysig ) Gebruiker:Legobot/Wikidata/fiwiki ( ← skakels wysig ) Sjabloon:Val/units (insluiting) ( ← skakels wysig ) Sjabloon:Val/unitswithlink (insluiting) ( ← skakels wysig ) Sjabloon:Val/units/doc (insluiting) ( ← skakels wysig ) Sjabloon:Val/unitswithlink/doc (insluiting) ( ← skakels wysig ) Halley se Komeet (insluiting) ( ← skakels wysig ) John Tavener (insluiting) ( ← skakels wysig ) Beweging van Onverbonde Lande (insluiting) ( ← skakels wysig ) Wys (vorige 50 | volgende 50 ) ( 20 50 100 250 500 ). Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Sjabloon:Col-begin " Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Sjabloon Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Gereedskap Spesiale bladsye Drukbare weergawe Ander tale Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:cda6547f-e107-45e6-9366-4bdd6f882df0>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Sjabloon:Col-begin
2019-07-17T19:01:13Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525374.43/warc/CC-MAIN-20190717181736-20190717203736-00282.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.992268
false
Geraasbesoedeling Geraasbesoedeling, ook bekend as omgewingsgeraas of klankbesoedeling, is wanneer geraas 'n skadelike impak op mense of diere het. Die wêreldwye bron van buitelug-geraas word hoofsaaklik veroorsaak deur masjiene en vervoer (veral vliegtuie). [1] [2] Swak stedelike beplanning kan lei tot meer geraasbesoedeling. Industriële en residensiële fabrieke kan ook lei tot geraasbesoedeling in woongebiede. Sommige van die hoofbronne van geraas in woongebiede sluit in harde musiek, lawaai van voertuie en vliegtuie, instandhouding van grasperke, nabygeleë konstruksie, skielike ontploffings of jong mense wat skree (bv. by sportgeleenthede). Geraasbesoedeling wat verband hou met huishoudelike kragopwekkers is ook besig om een van die hoofbronne van geraasbesoedeling in ontwikkelende lande te word. Die gemiddelde vlak van geraas in woongebiede is 97,60 dB, wat die verkiesde gemiddelde waarde van 50 dB reeds oorskry het. [3] Navorsing dui daarop dat geraasbesoedeling die hoogste is in lae inkomste-gebiede, asook gebiede waar die minderheidsrasse voorkom. [4] Gedokumenteerde probleme wat verband hou met geraasbesoedeling in die stede, gaan so ver terug as die Antieke Rome. [5] Hoë vlakke van geraas kan bydra tot kardiovaskulêre gevolge by mense en 'n verhoogde kans van koronêre hartsiekte. [6] [7] Geraasbesoedeling verhoog die kans van dood by diere, deur die invloed wat dit het op die vermoë om prooi op te spoor, asook die invloed wat dit het op die voortplanting van diere. Dit dra ook by tot permanente gehoorverlies by mense en diere. [8] Alhoewel bejaardes kardiale probleme het weens geraasbesoedeling, is kinders veral meer kwesbaar vir geraas, volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie. Die nagevolge van geraasbesoedeling op kinders kan permanent wees. [9] Geraas is daarom 'n ernstige bedreiging vir 'n kind se fisiese- en sielkundige gesondheid en kan 'n kind se gedrag en leervermoë negatief beïnvloed. [10] Gesondheid[wysig | wysig bron] Mense[wysig | wysig bron] Geraasbesoedeling beïnvloed gesondheid en gedrag. Ongewenste geluide (geraas) kan 'n mens se fisiologiese gesondheid beskadig. Geraasbesoedeling kan hipertensie, hoë stresvlakke, tinnitus, gehoorverlies, slaapversteurings en ander kondisies veroorsaak. [6] [11] [12] Volgens 'n oorsig in 2019 van die bestaande literatuur, word geraasbesoedeling geassosieer met 'n vinnige kognitiewe afname. [13] Klank is ongewens wanneer dit inmeng met normale menslike aktiwiteite soos slaap of om 'n gesprek te voer, of as dit die kwaliteit van lewe versteur of verminder. [14] Gehoorverlies as gevolg van geraasbesoedling kan veroorsaak word deur langdurige blootstelling aan geraasvlakke bo 85 dB. [15] Blootstelling aan geraas in die werkplek kan ook bydra tot gehoorverlies en ander gesondheidsprobleme as gevolg van geraasbesoedeling. Gehoorverlies in die werkplek is een van die mees algemeenste werkverwante siektes wêreldwyd. Geraasbesoedeling kan negatiewe uitwerkings hê op volwassenes en op kinders wat op die outistiese spektrum is. [16] Diegene wat outisties is, kan moontlik lei aan hiperacusis, 'n abnormale sensitiwiteit vir klank. [17] Mense wat hyperacusis ervaar, kan onaangename emosies uitleef, soos vrees en angs. [18] Dit kan veroorsaak dat outistiese mense sekere omgewings met geraas vermy, wat op sy beurt kan lei tot isolasie en kan daarom hul lewenskwaliteit nadelig beïnvloed. Skielike ontploffings geluide van motorvoertuie en motoralarms, is die tipes geraasbesoedeling wat outistiese mense negatief kan beïnvloed. Wild[wysig | wysig bron] Geraas kan 'n nadelige invloed op diere hê. Dit verhoog die kans van dood deur die delikate balans in roofdier- of prooi-opsporing te verander, en deur die gebruik van die geluide vir kommunikasie te beïnvloed, veral ten opsigte van voortplanting. Hierdie gevolge kan dan meer interaksies binne 'n gemeenskap verander deur indirekte gevolge. [19] Oormatige blootstelling aan geraas kan lei tot tydelike of permanente gehoorverlies. Die Europese robin, wat in stedelike omgewings woon, is meer geneig om in die nag te sing op plekke wat baie geraasbesoedeling gedurende die dag het. Dit dui aan dat hulle deur die nag sing, omdat dit stiller is as deur die dag, en dit verseker dat hul "boodskap" duideliker versprei kan word. [20] Dieselfde studie het getoon dat geraas deur die dag 'n beter voorspeller is van sang deur die nag. [21] Zebravinke word minder getrou aan hul maat, wanneer hulle blootgestel word aan verkeersgeraas. Dit kan 'n populasie se evolusionêre trajek verander en kan lei tot diepgaande genetiese en evolusionêre gevolge. [22] Onderwater-geraasbesoedeling as gevolg van menslike aktiwiteite is ook baie algemeen in die see. Ladingskepe genereer hoë vlakke van geraas deur propellers en deur die dieselenjins [23] [24] . Hierdie geluide verhoog die geraasvlakke selfs hoër as die wat deur wind veroorsaak word [25]. Diere soos walvisse wat afhanklik is van geluide om te kommunikeer, kan op verskeie maniere negatief deur hierdie geraasbesoedeling geraak word. Selfs mariene diere, soos krappe, het getoon dat die geraasbesoedeling 'n negatiewe uitwerking het. [26] [27] Daar is opgemerk dat groter krappe baie meer negatief geraak word, as die kleiner krappe. Herhaalde blootstelling aan die geraas van skepe het gelei tot akklimatisering. [27] Hoër omgewingsgeraasvlakke veroorsaak ook dat diere harder geluide maak, wat die Lombard-effek genoem word . Navorsers het bevind dat die lengte van die geluide van bultrugvisse langer was toe 'n nabye lae frekwensie sonar aktief was. [28] Geraasbesoedeling het moontlik gelei tot die dood van sekere walvis-spesies wat hulself gestrand het, nadat hulle aan die harde geluide van 'n militêre sonar blootgestel is. [29] Sien ook[wysig | wysig bron] Verwysings[wysig | wysig bron] - Senate Public Works Committee. Noise Pollution and Abatement Act of 1972. S. Rep. No. 1160, 92nd Congress. 2nd session - C. Michael Hogan and Gary L. Latshaw, "The relationship between highway planning and urban noise", The Proceedings of the ASCE. Urban Transportation. May 21–23, 1973, Chicago, Illinois. By American Society of Civil Engineers. Urban Transportation Division. - Menkiti Nwasinachi U., Agunwamba Jonah C (2015), Assessment of noise pollution from electricity generators in a high-density residential area, African Journal of Science, Technology, Innovation and Development, Pages 306 –312, Volume 7, Issue 4, https://www.tandfonline.com/doi/abs/10.1080/20421338.2015.1082370 - Casey, Joan A; James, Peter; Morello-Forsch, Rachel. "Urban noise pollution is worst in poor and minority neighborhoods and segregated cities". PBS. Published October 7, 2017. Retrieved January 1, 2018. - Noise Pollution: A Modern Plague. - (February 2018) “Environmental Noise and the Cardiovascular System”. - “Residence close to high traffic and prevalence of coronary heart disease”. - Results and Discussion – Effects – Noise Effect On Wildlife – Noise – Environment – FHWA. - Children and Noise, WHO, http://www.who.int/ceh/capacity/noise.pdf - Noise and Its Effects on Children, EPA, https://www.epa.gov/sites/production/files/2015-07/documents/ochp_noise_fs_rev1.pdf - S. Rosen and P. Olin, Hearing Loss and Coronary Heart Disease, Archives of Otolaryngology, 82:236 (1965) - Noise Pollution. World Health Organization (2018-12-08). - (2019) “Ambient Air Pollution, Noise, and Late-Life Cognitive Decline and Dementia Risk”. - Jefferson, Catrice. Noise Pollution. U.S. Environmental Protection Agency. URL besoek op 2013-09-24. - National Institutes of Health, NIDCD. Noise-Induced Hearing Loss. URL besoek op June 29, 2018. - Autism & Anxiety: Parents seek help for extreme reaction to loud noise. URL besoek op 2018-11-05. - Tinnitus and Hyperacusis: Overview. URL besoek op 2019-04-12. - Stiegler, L. N.. “Understanding Sound Sensitivity in Individuals with Autism Spectrum Disorders”. - Barton, Brandon T. (10 July 2018). “Testing the AC/DC hypothesis: Rock and roll is noise pollution and weakens a trophic cascade”. Ecology and Evolution 8 (15): 7649–7656. doi:10.1002/ece3.4273. - (2007) “Daytime noise predicts nocturnal singing in urban robins”. Biology Letters 3 (4): 368–70. doi:10.1098/rsbl.2007.0134. - (2017) “Anthropogenic noise reduces bird species richness and diversity in urban parks”. Ibis 159 (3): 638–646. doi:10.1111/ibi.12481. - Milius, S. (2007). High Volume, Low Fidelity: Birds are less faithful as sounds blare, Science News vol. 172, p. 116. (references) - Arveson. “Radiated noise characteristics of a modern cargo ship”. - McKenna. “Measurements of radiated underwater noise from modern merchant ships relevant to noise impacts on marine mammals”. - Wenz. “Acoustic Ambient Noise in the Ocean: Spectra and Sources”. - McClain, Craig (2013-04-03). Loud Noise Makes Crabs Even More Crabby. Deep Sea News. URL besoek op 2013-04-04. - Wale. “Size-dependent physiological responses of shore crabs to single and repeated playback of ship noise”. - (2003) “Variation in humpback whale (Megaptera novaeangliae) song length in relation to low-frequency sound broadcasts”. The Journal of the Acoustical Society of America 113 (6): 3411–24. doi:10.1121/1.1573637. - Bahamas Marine Mammal Stranding Event of 15–16 March 2000 Bibliografie[wysig | wysig bron] - Robert Bartholomew (1974), Sonic environment and human behavior, Exchange Bibliography (565), US: Council of Planning Librarians, ISSN 0010-9959 – via Internetargiewe
<urn:uuid:b62ecd4e-d663-4556-927e-86e5ac8998bf>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Geraasbesoedeling
2019-07-19T00:31:01Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525863.49/warc/CC-MAIN-20190718231656-20190719013656-00442.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.997728
false
Eendvoëls Anatidae of Eendvoëls is die biologiese familie wat die eende en meeste eendagtige waterhoenders soos ganse en swane insluit. Die Ekstergans (Engels: Magpie-goose) word nie meer beskou as deel van die Anatidae en word in sy eie familie, Anserannatidae geplaas. Die familie bestaan uit voëls wat aangepas is vir swem, op die oppervlak van water dryf, en in sommige gevalle om ten minste in vlak water te duik. Hulle het gewebde pote en snawels wat tot 'n mindere of meerdere mate plat geword het. Hulle vere skud water uitstekend af as gevolg van spesiale olies. Eend-, see-eend- en gansvere en dons is reeds lank gewild vir donskomberse, kussings, slaapsakke en jasse. Die lede van die familie word ook reeds lank vir voedsel gebruik. Terwyl die status van die Anatidae as 'n familie voor die hand liggend is, en daar min debat is oor watter spesies behoorlik daaraan behoort, word die verwantskap tussen die verskillende subfamilies daarbinne swak verstaan. Anatids | |||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Fluiteend (Dendrocygna bicolo) | |||||||||||| Wetenskaplike klassifikasie | |||||||||||| Knobbeleend (Sarkidiornis melanotos)
<urn:uuid:54847dc4-f415-4a93-9c07-a684901cf489>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Eendvo%C3%ABls
2019-07-21T13:32:07Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527000.10/warc/CC-MAIN-20190721123414-20190721145414-00202.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999931
false
Ortopedie Ortopedie is 'n vertakking van die geneeskunde wat fokus op aandoenings en beserings van bene, gewrigte, spiere, tendons en ligamente. 'n Spesialis in ortopedie is 'n ortopeed. Ortopediese chirurgie is die tak van chirurgie wat verband hou met toestande van die muskuloskeletale stelsel. Ortopediese chirurge gebruik beide chirurgiese en nie-chirurgiese metodes om muskuloskeletale trauma, ruggraatsiektes, sportbeserings, degeneratiewe siektes, infeksies, gewasse en aangebore afwykings te behandel. Inhoud EtimologieWysig Oorgekoop in Frans uit GrieksWysig Nicholas Andry het die woord in Frans as orthopédie afgelei van die antieke Griekse woorde ὀρθός orthos ( "korrek", "reguit") en παιδίον paidion ( "kind"), self gepubliseer in Orthopedics (vertaal as Orthopædia: Of die kuns van regstelling en voorkoming van deformiteite in kinders [1] ) in 1741. Die woord is geassimileer in Engels as ortofedika; Die ligatuur æ was algemeen in daardie era vir ae in Grieks- en Latynsgebaseerde woorde. Alhoewel, soos die naam aandui, is die dissipline aanvanklik ontwikkel met aandag aan kinders. Die korreksie van rugmurg- en beendeformiteite in alle lewensfases het uiteindelik die hoeksteen van die ortopediese praktyk geword. GeskiedenisWysig Vroeë ortopedieWysig Baie ontwikkelings in ortopediese chirurgie het as gevolg van ervarings tydens oorlogstyd gelei. Op die slagvelde van die Middeleeue is die beseerdes behandel met verbande wat in perde se bloed geweek is, wat droog geword het om 'n stywe, maar onhigiëniese spalk te vorm. Jean-André Venel het in 1780 die eerste ortopediese instituut gestig, wat die eerste hospitaal was wat toegewy was aan die behandeling van kinders se skeletale misvormings. Hy het die klubvoetskoen ontwikkel vir kinders wat met voetvervormings gebore is en verskeie metodes om kromming van die ruggraat te behandel. Vooruitgang in chirurgiese tegniek gedurende die 18de eeu, soos John Hunter se navorsing oor tendongenesing en Percival Pott se werk op ruggraatvervorming, het die reeks nuwe metodes beskikbaar vir effektiewe behandeling gestaag toegeneem. Antonius Mathijsen , 'n Nederlandse militêre chirurg, die uitvinder van gegote gips in 1851. Tot en met die 1890's was ortopedie egter nog 'n studie beperk tot die regstelling van misvorming by kinders. Een van die eerste chirurgiese prosedures wat ontwikkel is, was perkutane tenotomie. Dit het betrekking op die sny van 'n pees, oorspronklik die Achilles-tendon, om te help om misvormings te behandel saam met spanning en oefeninge. In die laat 1800's en die eerste dekades van die 1900's was daar aansienlike kontroversie oor die vraag of ortopedie chirurgiese prosedures hoegenaamd moet insluit. [2] Moderne ortopedieWysig Voorbeelde van mense wat die ontwikkeling van moderne ortopediese chirurgie bevorder het, is Hugh Owen Thomas, 'n chirurg van Wallis en sy neef, Robert Jones. [3] Thomas was op jong ouderdom geïnteresseerd in ortopedie en beenbepaling en het na die stigting van sy eie praktyk die veld uitgebrei na algemene behandeling van fraktuur en ander muskuloskeletale probleme. Hy het gepleit vir rus as die beste middel vir frakture en tuberkulose en het die sogenaamde 'Thomas Splint' geskep om 'n gebroke femur te stabiliseer en infeksie te voorkom. Hy is ook verantwoordelik vir talle ander mediese innovasies wat almal sy naam dra: 'Thomas se kraag' om tuberkulose van die servikale werwelkolom te behandel, 'Thomas's maneuver', 'n ortopediese ondersoek na die breuk van die heupgewrig, die Thomas-toets, misvorming deurdat die pasiënt plat in die bed lê, 'Thomas se moersleutel' vir die vermindering van frakture, sowel as 'n osteoklast om bene te breek en te herstel. Aangebore afwykingsWysig 'n Ernstige aangebore afwyking wat nie dikwels oorkom nie, is osteogenesis imperfecta (onvolmaakte beenvorming). Die vorming van die been is versteur, met die gevolg dat die geringste stamp of ander tipe besering die been laat breek. Pasiënte wat aan hierdie siekte ly, is dikwels doof. Die oorsaak hiervan is onbekend en die siekte kan nie genees word nie. Die aangebore afwyking wat die meeste voorkom, is aangebore heupontwrigting. Weens ontwikkelingstoornisse van die heupgewrig tree 'n spontane ontwrigting in, met die gevolg dat die kop van die dybeen verkeerd uitgroei. Indien die afwyking nie behandel word nie, begin die kind eers laat in sy lewe loop en dan ook slegs waggelend. Later tree 'n verkorting van die bene in en die bobene vou na binne (coxa valga). Hoe langer daar met behandeling gesloer word, hoe kleiner word die kanse op volledige herstel, en derhalwe word daar vandag reeds direk na geboorte asook tydens latere besoeke aan klinieke gelet op die aanwesigheid van aangebore heupontwrigting. Dit is dikwels moeilik om tydens die eerste paar lewensmaande ʼn diagnose te maak omdat geen ontwrigting nog in hierdie stadium plaasgevind het nie. Ontwrigting kan in hierdie stadium ook nog maklik voorkom word deur die kind se bene oopgesprei te hou, byvoorbeeld met 'n kussing. Indien ontwrigting eenmaal ontstaan het, kan die jong kind behandel word deur die onderlyf en been in gipsverband te plaas nadat die dybeenkop eers in die potjie teruggedwing is. Die gips, wat die bene in 'n uitgespreide toestand hou, moet 1 tot 1 % jaar aangehou word. As die afwyking egter eers in die kleuterstadium ontdek word, is 'n operasie nodig. Hier word byvoorbeeld die bokant van die heuppotjie deur middel van kunsplastiek so ver na onder verleng dat die dybeenkop nie meer kan uitglip nie. 'n Dergelike operasie, naamlik die konstruksie van 'n funksionele gewrig in die geheel, kan ook uitgevoer word. By volwassenes kan die heupgewrig alleenlik deur middel van 'n operasie gefikseer word. Die gewrig self kan dus nie meer funksioneer nie, maar dit veroorsaak ook geen pyn meer nie. 'n Ander metode is om die dybeen deur te saag en dan in die gewenste stand te laat aangroei. Die teenoorgestelde toestand van coxa valga, bekend as coxa vara, kom ook voor. Die dybeen is dan na buite gedraai en die pasiënt loop wydsbeen. Ook hierdie aandoening kan 'n aangebore afwyking wees, maar dit is meestal die gevolg van ʼn ongeluk. Die behandeling hang af van die oorsaak. 'n Afwyking by die knieë kom by verskillende pasiënte voor. As die knieë na binne vou en die onderbeen na buite, word van x-bene (genu valgum) gepraat. As die afwyking net aan die een kant voorkom, is dit meestal die gevolg van 'n ongeluk. Omdat artrose (ʼn degeneratiewe aandoening) deur die foutiewe belasting van die kniegewrig bevorder word, is 'n operasie (osteotomie) in sommige gevalle nodig. By kinders kom die verskynsel dikwels aan albei kante voor, maar dit verdwyn meestal spontaan. By o-bene (genu varum) is die knie na buite gerig en die onderbeen na binne. Dit is 'n aangebore afwyking wat eers tydens die groeiproses, gedurende puberteit, na vore kom. 'n Voorbeeld hiervan is idiopatiese skoliose, waartydens daar weens onbekende oorsake ʼn sywaartse verkromming van die werwelkolom intree. Die behandeling word bepaal deur die mate van gevorderdheid en ernstigheid van die aandoening. By 'n jong pasiënt kan verbetering verkry word deur die aanbring van 'n gipskorset. 'n Operasie wat relatief gereeld uitgevoer word, is die waar die werwelkolom permanent gefikseer word (spondilosindese). Die drastiese kuur word gewoonlik eers op so ʼn hoë ouderdom as moontlik toegepas. 'n Rugprostese word dan gewoonlik voorgeskryf. Dit rus op die bekkenbene en ondersteun die ken. Hierdeur bly die werwelkolom gestrek. Indien die buiging in die borsgedeelte van die werwelkolom te sterk na agter plaasvind (kifose), onstaan 'n boggel. Die boggel is boogvormig (gibbus arcuatus) as 'n aantal opeenvolgende werwels afwykend vertoon. Die vorm kom onder andere voor by ragitis, osteoporose (ontkalking van die skelet) en as 'n ouderdomskwaal. 'n Spits boggel (gibbus angularis) ontstaan as gevolg van 'n aandoening van slegs enkele werwels, soos wat die geval is by kanker of tuberkulose. Omdat die borskas ook vergroei, kom probleme met asemhaling asook longprobleme dikwels voor. In sommige gevalle kom ʼn sywaartse verkromming van die werwelkolom saam met 'n oordrewe agterwaartse kromming voor. Dit staan dan bekend as kifoskoliose. Verworwe afwykingsWysig Die klagte waarmee 'n ortopeed die meeste gekonfronteer word, is ongetwyfeld rugpyn. Die klagte spruit meestal uit 'n verworwe afwyking, byvoorbeeld weens 'n ongeluk of 'n verkeerde liggaamshouding. Die vasstelling van die oorsaak is die werk van die ortopeed; die behandeling van die probleem is egter die werk van ʼn fisioterapeut. Die behandeling van voetafwykings vorm 'n belangrike onderafdeling van ortopedie. In die geval van ernstige, nie-geneesbare voetmisvormings kan spesiale skoene vir die pasiënt se voete deur 'n ortopediese skoenmaker gemaak word. Hierdeur kan die klagte verminder word en die afwyking is gewoonlik dan ook minder opvallend. 'n Voetafwyking wat baie gereeld voorkom, is die van 'n afgesakte voetbrug of platvoet (pes planus). Daar word onderskei tussen 'n afgesakte middelvoet en ʼn afgesakte voorvoet. In die eerste geval is die buiging van die voet in die lengteas te gering. Die voet en die enkel word hierdeur abnormaal belas, met 'n gevolglike vroeë artrose in die gewrigte en gepaardgaande pyn. By die ander geval is die oorkruisgeboënheid van die voet te min. Die probleem ontstaan gewoonlik as gevolg van die dra van skoene waarvan die hakke te hoog is. Afgesien van moegheid, pynlike geswel en hinderlike asook onooglike eelte op die voete kan die voete ook verder misvorm word. Die dra van ondersteunende (opgeboude) skoene bied gewoonlik 'n oplossing. Soms moet 'n operasie uitgevoer word. By 'n holvoet is die lengte-verlopende buiging van die voet abnormaal hoog. Die dra van aangepaste skoene kan die oorbelading van die voorvoet en hak voorkom. Dikwels word 'n ortopeed in ʼn vroeë stadium geraadpleeg oor die een of ander traumatiese letsel aan die bewegingsapparaat. 'n Voorbeeld hiervan is die voetbal (rugby)knie. Die kraakbenige menuskus kan deur 'n verkeerd uitgevoerde draaibeweging van die kniegewrig beskadig word. Die gevolg is 'n pynlike, opgeswelde knie, waarvan die beweging aansienlik beperk is (die knie is gewoonlik gesluit). Die enigste behandeling is die chirurgiese verwydering van die kraakbeen in die kniegewrig. Die gevolge van ongevalleletsels, soos met pseudo-artrose, vergroeide beenbreuke of spierpese wat tydens genesing te kort gegroei het, vorm 'n verdere belangrike werkterrein van die ortopeed. Pseudoartrose kan deur middel van osteosintese (letterlik die samevoeging van bene) behandel word. 'n Aantal operasietegnieke word onder hierdie term saamgevat. Metaalskroewe, -penne en -plate word gebruik om die dele onbeweeglik ten opsigte van mekaar te hou sodat genesing kan plaasvind. Afwyking van die skouergordel en -gewrig wat ortopediese hulp vereis, is meestal die gevolg van ongevalleletsels wat nie goed genees nie. Aangebore defekte of rumatiese aandoeninge kom egter ook voor. 'n Skouerafwyking wat moontlik aangebore is, is skouerontwrigting wat herhaaldelik voorkom. Daar bestaan egter enkele operasietegnieke waarvolgens 'n skouergewrig funksioneel herstel kan word. 'n Ortopeed bly ook voortdurend besig met die operatiewe aanbrenging van prostese in die plek van misvormde gewrigte, byvoorbeeld heup-, knie- en vingergewrigprostese by chroniese rumatiek. Verkorte spierpese word behandel deur die pees deur te sny (tenotomie), waarna dit gerek (verleng) word. Indien die spierpees uitgeskakel moet word, kan die pees of deurgesny, of vasgewerk word (tenodese). OpleidingWysig Baie ortopediese chirurge verkies om verdere opleiding, of genootskappe te doen, na afloop van hul aanvanklike opleiding. Genootskapopleiding as 'n ortopediese subspesialis duur tipies een jaar (soms twee) en het soms 'n navorsingskomponent betrokke by die kliniese en operatiewe opleiding. Voorbeelde van ortopediese opleiding met spesialiteite is: - Hand- en bo-ekstremiteit - Skouer en elmboog - Totale gesamentlike heropbou (artroplastiek) - Pediatriese ortopedie - Voet- en enkelchirurgie - Ruggraatchirurgie - Muskuloskeletale onkologie - Chirurgiese sportgeneeskunde - Ortopediese trauma In die praktykWysig VerwysingsWysig - Wêreldspektrum, 1982, ISBN 090840963X, volume 22, bl. 14 - Bois-Regard, Nicolas Andry de; Library, Classics of Medicine (2 November 1980). "Orthopædia, or, The art of correcting and preventing deformities in children". Classics of Medicine Library – via Google Books. - Gundle KR. "Rearticulations of Orthopaedic Surgery: The Process of Specialty Boundary Formation and the Provision of Fracture Care in the United States", Lulu: 2014. ISBN 1312540451 - "From Bonesetters to Orthopaedic Surgeons: A History of the Specialty of Orthopaedics" (PDF). Besoek op 2013-12-14.
<urn:uuid:8ac5282f-bb18-42d8-bdae-2ecef6ea8089>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Ortopedie
2019-07-21T12:50:15Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527000.10/warc/CC-MAIN-20190721123414-20190721145414-00202.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999987
false
Maak hoofkeuseskerm oop Soek Wysigings ← Ouer wysiging Nuwer wysiging → 1912 (wysig) Wysiging soos op 11:23, 12 September 2014 129 grepe bygevoeg , 4 jaar gelede →Geboortes == Geboortes == * [[6 Februarie]] – [[Eva Braun]], vrou van [[ Adolf Hitler]] , († [[1945]]). * [[10 Maart]] – Genl. [[Rudolph Hiemstra]] (SSA SM), voormalige Hoof van die [[Suid-Afrikaanse Weermag]] († [[2007]]). * [[27 Maart]] – [[James Callaghan]], [[Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk]] († [[2005]]) * [[15 April]] – [[Kim Il Sung]], politikus van [[Noord-Korea]] († [[1994]]). Aliwal2012 Administrateurs 67 081 wysigings Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/1289946 "
<urn:uuid:06e28a6c-5953-4171-a6ee-62d01836bf4e>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/1289946
2019-07-21T13:12:13Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527000.10/warc/CC-MAIN-20190721123414-20190721145414-00202.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.95712
false
Willem Anker Willem Anker | | Gebore | 3 Februarie 1979 Citrusdal | ---|---| Nasionaliteit | Suid-Afrika | Titel | Dr. | Beroep | Skrywer | Bekend vir | Romans, teaterstukke | Eerbewyse | Verskeie, sien teks | Dr. Willem Anker is 'n Afrikaanse romanskrywer, dramaturg en akademikus.[1] In 2004 skryf hy die teaterstuk, Skroothonde, wat die Aartvarkprys by Aardklop vir innoverende werk wen. In 2006 ontvang hy die Sanlamprys vir Afrikaanse toneel vir sy teks, Slaghuis. Sy eerste roman, Siegfried (2007), is met die UJ-prys vir debuutwerke sowel as die Jan Rabie/Rapportprys bekroon. Sy roman Buys (2014) is ook goed ontvang en is met die WA Hofmeyr-, UJ- en kykNET-Rapport-pryse en in 2016 met die Hertzogprys bekroon.[2] Inhoud Lewe en werk[wysig | wysig bron] Hy is die oudste kind en enigste seun van Johan Anker, wat later professor word aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie. Op driejarige ouderdom verhuis die gesin na Wellington, waar hy in 1996 aan die Hoërskool Hugenote matrikuleer. Na skool werk hy vir 'n ruk by 'n vriendin se pa as angorahaar-wewer Hy studeer verder aan die Universiteit van Stellenbosch, waar hy in 1999 'n B.A.-graad met Afrikaans, Engels en Filosofie as hoofvakke en daarna 'n B.A. Honneurs-graad in Afrikaans-Nederlands behaal. In sy studentejare werk een Desembervakansie deeltyds as kroegman by die Mexican Kitchen. In 2003 behaal hy 'n M.A.-graad in Kreatiewe Skryfwerk onder Marlene van Niekerk (waar die roman wat later “Siegfried” sou word deel van sy projekte is), waarna hy vir drie maande oorsee gaan en onder andere in Edinburg in Skotland as sekuriteitswag en vir twee dae by 'n verhuisingsbesigheid werk. By sy terugkeer na Suid-Afrika doseer hy kreatiewe skryfkunde aan die Universiteit van Stellenbosch terwyl hy terselfdertyd besig is met sy D.Litt.-graad in Afrikaanse Letterkunde. Hy behaal dan ook hierdie graad in 2007 met 'n verhandeling oor “Die nomadiese self: skisoanalitiese beskouinge oor karaktersubjektiwiteit in die prosawerk van Alexander Strachan en Breyten Breytenbach”.[3] Hy skryf die skoolhandboek “Trefkrag” vir Afrikaanse huistaalleerlinge en lewer gereelde bydraes vir Die Burger se boekebylae. Hy is getroud met Christine Truter en bly op Stellenbosch.[4] Skryfwerk[wysig | wysig bron] As dramaturg is hy verantwoordelik vir die teks van die toekomsdrama “Skroothonde”, wat in 2004 die Beeld Plus Aartvark-prys op Aardklop verower en letterlik in 'n skrootwerf afspeel. Die aarde is verwoes deur die mens se obsessiewe drang om alles te verbruik wat die aarde het om te offer. Ironies genoeg is die mees beskikbare kommoditeit petrol, die ontginning waarvan die aarde se natuurlike hulpbronne vernietig het. Die groep mense wat in die skrootwerf woon het geen ander heenkome nie, maar droom tog van 'n beter bestaan. Saam met Tertius Kapp skryf hy ook die teks van “Sielsiek”[5] wat in 2006 by Aardklop opgevoer word.[6] Dit is 'n ruimtelike teaterstuk wat binne 'n sielsiekegestig afspeel, met die probleme en kwessies waarmee die inwoners worstel wat 'n mikrokosmos van die kontemporêre samelewing voorstel. Een van die karakters dien as gids wat die gehoor van een lokaal en toneel na die volgende begelei. “Slaghuis”[7] is 'n drama wat die werke en karakters van Etienne Leroux as verwysingsraamwerk gebruik. Leroux probeer om sy laaste boek klaar te skryf, maar word kort-kort deur die karakters van sy vorige romans lastig geval. In 'n Walpurgisnag word Leroux deur sy eie karakters afgeslag. In 2006 word “Slaghuis” na geslaagde opvoering by die Aardklop Kunstefees met die Sanlamprys vir Afrikaanse Teater bekroon. “Sakrament” maak sy buiging in 2009 by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees. Hierin gee Anker 'n apokaliptiese visie van die gewelddadige Suid-Afrika, met verwysings na die Griekse tragedies (onder andere “Die Bacchant” van Euripides). Die hoofkarakter is 'n oud-misdaadjoernalis wat geknak het onder die wreedheid waarmee hy daagliks gekonfronteer is en nou sy ou koerantstories oorvertel, elke keer meer gewelddadig. As laaste sakrament gee hy hom oor aan die ergste wreedheid denkbaar. Sy naam is ook Dionusos, die Griekse god van oorgawe aan chaos. “Skrapnel”[8][9] is 'n opdragwerk vir die Aardklop Kunstefees. Hierin sterf die 22-jarige Suid-Afrikaner Christiaan Rudolph de Wet Botha (Chris), wat in 2005 op 'n werksvakansie in Londen is, tydens die bomaanvalle op Londen se bus- en moltreinstelsels. Die drama ondersoek die doelloosheid van die jongmense se lewens, met geen visie en standvastigheid nie. Hierdie posisie word op ironiese wyse gekontrasteer met die bomaanvaller se doelgerigtheid. Die skrapnel-motief hou nie net met die ontploffing tydens die aanval verband nie, maar belig ook die skrapnel van Chris se lewe as voorbeeld van die fragmente van die doellose lewe van 'n ontheemde generasie. Anker ontvang in 2009 by Aardklop die AngloGold Ashanti Aardklop-Smeltkroesprys vir die teks van “Skrapnel” en hierdie drama wen ook in 2010 die ATKV se prys vir dramatekste. By die Woordfees van 2010 kry hy die tweede prys vir 'n drama vir “Skrapnel”. Hierdie drama word later gepubliseer, nadat die dramaturg die teks grondig hersien het en byvoorbeeld die hoofkarakters vervang het met X en Y, wat die naamloosheid en gebrek aan identiteit van hulle lewens verder beklemtoon. “Samsa-masjien”[10] wen in 2012 die ATKV-prys vir 'n dramateks. Dit is 'n drama oor die verlies aan taal, oudword, aftakeling en afskeid, wat met galgehumor aangebied word. Die drama tree in gesprek met Franz Kafka se “Metamorphosis”. In Kafka se verhaal ontdek Gregor Samsa een oggend dat hy in 'n insek verander het, vir wie almal gril en waarvan almal ontslae wil raak. Slegs sy suster Grete is simpatiek, maar sy draai ook teen hom wanneer hy haar vioolkonsert ontwrig. In Anker se verhaal woon Gregor Samsa en sy vrou Josefine by hulle dogter Grete, 'n kopieskrywer, en haar man Tjaart, 'n psigiater. Gregor is obsessief oor insekte en oor klank, veral die klank van insekte en van voertuie, wat hy op band opneem saam met gesprekke, ook van sy oorlede seun. Hy word stelselmatig al meer soos 'n insek, wat deur die sielkundiges en psigiaters toegeskryf word aan die ouditiewe en taktiele hallusinasies van dementia-lyers. Die karakters se familie-verhoudings in die verlede was disfunksioneel. Dit lei tot 'n gebrek aan kommunikasie en intimiteit tussen die karakters, wat gedurig by mekaar verbypraat en eindelik bly slegs die klank van Gregor se deurmekaar band oor as simbool van wankommunikasie. Tesame met die verlies aan taal is daar ook die disintegrasie van verhoudings. Hierdie drama word in 2014 vir ses Kanna-toekennings[11] benoem (waarvan dit vier wen) na opvoering daarvan by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees op Oudtshoorn. Dit word daarna ook benoem vir ses Fiësta-toekennings. Anker vertaal die drama “Crave” van die Britse dramaturg Sarah Kane, wat as “Smag” op kunstefeeste opgevoer word. Manfred Karge se drama van 'n vrou wat haar man se rol na sy dood moet oorneem vertaal hy as “As die broek pas” en dit maak sy debuut by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees in 2010. By die Woordfees van 2010 kry hy die eerste prys vir 'n drama vir “As die broek pas”, terwyl die tweede prys toegeken word aan “Skrapnel”. By dieselfde geleentheid kry hy ook die tweede prys as woordkunstenaar. Sy eerste roman, “Siegfried”,[12] is 'n eksperimentele roman met as hooffiguur die dertigjarige Siegfried Landman, 'n verstandelik gestremde wat na sy pa se dood moet oorleef in 'n wrede wêreld wat hy nie verstaan nie. Siegfried ly aan sindaktilie, 'n rare toestand waar die vingers en/of tone van die mens geweb is, sodat hy die voorkoms van 'n visman het – hierdie feit en sy van (Landman) is simbolies van die belangrike interaksie wat daar tussen Siegfried, die land en die see plaasvind. Die verhaal is vol verwysings na mites, soos dié van Atlantis en Richard Wagner se opera “Siegfried” en sy stryd teen die draak. Siegfried se reis en volwassewordingsproses tree in gesprek met die heldemites van weleer, waar die hoofkarakter vrees moet leer ken en oorkom. Onder die instruksies van sy pa onderneem hy saam met die bywoner Smit (wat hy Smet noem) 'n reis na Kaapstad, waarin sy volwassewordingsproses plaasvind. Hy neem ook 'n palmboompie saam om te gaan plant. Sy reis is onder streng instruksies om sy oom Bert Fischer in Atlantis te gaan opsoek, terwyl hy onderweg die palmboom by die reusepalms op die strandfront wil besorg. Die onmenslike ervarings waaraan Siegfried blootgestel word, stroop hom van alle waardigheid en hy beland eindelik weer by die uitgeworpe brugbewoners, wat hom verpleeg en versorg. Siegfried leer vrees ken, maar kan dit nie oorkom nie. Die Universiteit van Johannesburg-prys vir debuutwerk[13] en die Jan Rabie/Rapport-prys vir vernuwende prosa word in 2008 aan “Siegfried” toegeken en in dieselfde jaar is hierdie boek op die kortlys vir die M-Net-prys. In 2011 is hy die ontvanger van die Jan Rabie-Marjorie Wallace beurs vir skryfwerk,[14] om hom in staat te stel om sy tweede roman te skryf, waarin die grensboer Coenraad de Buys, gebore in 1761 en in die werklike lewe 'n adviseur van die Xhosa opperhoof Gaika en vriend van die sendeling Johannes Theodorus van der Kemp, die hoofkarakter is. Die roman word in 2014 onder die naam “Buys, 'n grensroman”[15] gepubliseer. Die titel benoem die hoofkarakter van die roman as die fokuspunt uit wie se karakter en doen en late die onderliggende betekenis van die verhaal gevind kan word, met die subtitel wat reeds aanduidend daarvan is dat hier sprake is van vele grense waardeur gebreek word.[16] Die verhaal is beide 'n historiese roman wat as kern histories naspeurbare gegewens en karakters het, maar is ook 'n roman waarin Buys in sy alter ego as Alom-Buys soms die rol van alwetende verteller en skakel tussen hede en verlede speel.[17] Buys is 'n rebel wat teen feitlik alles in opstand kom en hom van die gemeenskap onttrek, om later as struikrower 'n bestaan te maak. Na die skielike dood van sy pa durf die agtjarige jong seun Buys die buitewêreld aan en bly eers by sy halfsuster Geertruy aan die ander kant van die familieplaas. Daarna trek hy na die oosgrens waar hy met 'n wit en 'n swart vrou trou en dan albei verlaat. Met sy betrokkenheid in misdaad word hy later vergesel deur allerlei meelopers, veral uitgeskoptes uit die samelewing. Die roman verken onder andere die soeke na die self in 'n wêreld oorheers deur magsug en korrupsie en gevul met geweld, as vernaamste uiting van selfgelding.[18] Op vernuftige wyse word die gebeure ook in verband gebring met eietydse gebeure, wat aan die verhaal 'n universele impak gee. In 'n wêreld waar identiteit en samehorigheid deurgaans die maatstaf is en was, is Buys iemand wat soomloos oor rassegrense, taalgrense, morele grense en fisiese grense beweeg en inderdaad rebelleer teen alle grense wat hy teenkom. Hy verset hom teen alle vorms van mag en onderdrukking, maar maak hom terselfdertyd skuldig aan buitensporige geweld, misbruik van mag en die mishandeling en onderdrukking van andere. Só verpersoonlik hy die mens se totale oorgawe aan die donker kant van die psige, waar die dierlike (in hierdie roman gesimboliseer deur die hond) oorheers. “Buys, 'n grensroman” word in 2015 bekroon met die Universiteit van Johannesburg-prys, die W.A. Hofmeyr-prys en die KykNet-Rapportprys vir fiksie. Eerbewyse[wysig | wysig bron] Willem Anker het in 2016 die Hertzogprys gewen vir sy roman Buys, 'n grensroman. Publikasies[wysig | wysig bron] - 2000 Slaghuis - 2007 Siegfried - 2011 Skrapnel - 2014 Buys, 'n grensroman - 2015 Samsa-masjien Sien ook[wysig | wysig bron] Ander Verwysings[wysig | wysig bron] - Botha, Saartjie “Teen die onsêbare in” “Boeke-Insig” no. 1 Lente 2007 - Brümmer, Willemien “Suid-Afrika is nie vir sissies nie” “By” 4 April 2009 - De Vries, Willem “Die kroniek van 'n enigmatiese ‘outlaw’” “Beeld” 27 Oktober 2014 - Beeld: http://220.127.116.11/argief/berigte/beeld/2009/04/05/BJ/6/Sakrament.html - Netwerk24: http://www.netwerk24.com/Stemme/Profiele/Murray-La-Vita-gesels-met-Willem-Anker-n-Skrywer-het-een-storie-20150619 - Prezi: https://prezi.com/f59rrcu_iylp/dr-willem-anker/ - Vrouekeur: http://www.vrouekeur.co.za/artikel.aspx?id=67663 - Worldcat: http://www.worldcat.org/identities/lccn-no2007050159/ Verwysings[wysig | wysig bron] - HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8 - Profiel op nb.co.za, besoek op 6 Februarie 2016] - NB-Uitgewers: http://www.nb.co.za/authors/2816 - Esat: http://esat.sun.ac.za/index.php/Willem_Anker - Müller, Freddie “Spat” 29 September 2006 - LitNet: http://www.litnet.co.za/author/willem-anker/ - Bouwer, Anna-Retha “Beeld” 29 September 2006; Müller, Freddie “Spat” 29 September 2006 - Bouwer, Anna-Retha “Plus” 3 Oktober 2009 - Krüger, Lida “Tydskrif vir Letterkunde”, Jaargang 49 no. 1, Herfs 2012 - Crous, Marius “Beeld” 22 Junie 2015 - Pople, Laetitia “Kanna-pryse vir jonges” “Beeld” 13 Mei 2014 - Hambidge, Joan “Rapport” 11 November 2007; Pienaar, Vincent “Beeld” 10 Desember 2007 - Kitshoff, Suné “Debuut met ‘Siegfried’” “Plus” 25 Oktober 2007 - Rautenbach, Elmari “Anker is ‘nog oorbluf’ oor groot beurs” “Beeld” 15 Desember 2011 - Botha, Frederick J. “Tydskrif vir Letterkunde” Jaargang 52 no.2 Vierde reeks Lente 2015 - Human, Thys “Beeld” 10 November 2014 - Malan, Rian “Rapport” 7 Desember 2014 - De Kock, Leon “Weet jy van die mans in Buys se bed?” “Rapport” 25 Januarie 2015 - Anker, Willem “Wie nie waag nie, wen nie pryse nie” “Rapport” 22 November 2015 - KKNK: http://kknk.co.za/2015/11/24/willem-anker/
<urn:uuid:52a01da1-d9f5-4f34-ba70-e9aeee9baa52>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Willem_Anker
2019-07-21T13:27:48Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527000.10/warc/CC-MAIN-20190721123414-20190721145414-00202.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999994
false
Файл:Flag of the Republic of the Congo.svg Исходный файл (SVG-файл, номинально 600 × 400 пикселей, размер файла: 424 байт) История файла Нажмите на дату/время, чтобы посмотреть файл, который был загружен в тот момент. Дата/время | Миниатюра | Размеры | Участник | Примечание | | ---|---|---|---|---|---| текущий | 21:21, 15 июня 2006 | 600 × 400 (424 байт) | Madden | simple code | | 22:15, 4 февраля 2006 | 744 × 496 (3 Кб) | Vzb83~commonswiki | Pantone 347C (green), 115C (yellow) and 485C (red), source: http://www.vexilla-mundi.com/congo_(brazzaville).htm | || 12:06, 16 декабря 2005 | 744 × 496 (3 Кб) | Reisio | revert (and yes, last was supposed to be Image:Flag of Republic of Congo.svg :p) | || 12:04, 16 декабря 2005 | 1045 × 696 (1 Кб) | Reisio | version from Flag of Republic of Congo.svg / Drapeau de la République du Congo by User:Moyogo, public domain | || 11:04, 24 ноября 2005 | 744 × 496 (3 Кб) | Nightstallion | == Summary == Flag of the Republic of the Congo from openclipart.org Category:SVG flags == Licensing == {{PD}} | Использование файла Глобальное использование файла Данный файл используется в следующих вики: - Использование Flag of the Republic of the Congo.svg в ace.wikipedia.org - Использование Flag of the Republic of the Congo.svg в af.wikipedia.org - Afrika - Lys van olieproduserende state - Fang - Atlantiese Oseaan - Frans - Lys van hoofstede - Lys van lande volgens bevolking - Republiek van die Kongo - Dakar - Pan-Afrika kleure - Windhoek - Lys van lande volgens bevolkingsdigtheid - Lys van lande - Kategorie:Republiek van die Kongo - Lys van internasionale rugbyspanne - Lys van lande volgens Menslike-ontwikkelingsindeks - Sjabloon:Landdata Republiek van die Kongo - Lys van lande volgens BBP (nominaal) per capita - Lys van lande volgens BBP (koopkragpariteit) per capita - Lys van lande volgens oppervlak - Lys van lande volgens geletterdheidskoers - Olimpiese Somerspele 2008 - Olimpiese Somerspele 2012 - Olimpiese Somerspele 2004 - Olimpiese Somerspele 2000 - Olimpiese Somerspele 1996 - Olimpiese Somerspele 1992 - Olimpiese Somerspele 2016 - Olimpiese Somerspele 1964 - Brazzaville - Lys van lande volgens lewensverwagting - Lys van Suid-Afrikaanse atletiekrekords - Lys van lande volgens kuslynlengte - Lys van IOK-landkodes - .cg - Afrika-unie - Gebruiker:Martinvl - Olimpiese Somerspele 2020 - Vlae van Afrika - Vlag van die Republiek van die Kongo - CAF - Koue Oorlog - Lys van Afrika-lande - Wes-Afrika Tyd - CAF Kampioene-liga - Paralimpiese Somerspele 2016 - Sentraal-Afrika - Afrikanasiesbeker - Pointe-Noire Просмотреть глобальное использование этого файла.
<urn:uuid:4ba43472-72d0-4bda-a1a4-d38afbf028ca>
CC-MAIN-2019-30
https://ru.wikipedia.org…of_the_Congo.svg
2019-07-21T14:03:59Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527000.10/warc/CC-MAIN-20190721123414-20190721145414-00202.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.774311
false
Maak hoofkeuseskerm oop Soek Utrecht Lees in 'n ander taal Hou hierdie bladsy dop Wysig Utrecht kan wees: Utrecht, KwaZulu-Natal , dorp in Suid-Afrika en eertydse Boererepubliek . Utrecht (munisipaliteit) , munisipaliteit in en hoofstad van die provinsie Utrecht. Utrecht (provinsie) , Nederlandse provinsie. Hierdie is ’n dubbelsinnigheidsbladsy : ’n lys van artikels wat met dieselfde titel geassosieer word. Indien ’n interne skakel u hierheen verwys het, kan u gerus daardie skakel verander sodat dit direk na die gewenste artikel wys. Wys alle artikels waarvan die titel begin met Utrecht of met Utrecht in die titel . Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Utrecht&oldid=1496522 "
<urn:uuid:305c2726-1fe0-4e7b-8ab4-1c48242823bb>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Utrecht
2019-07-22T18:11:03Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528208.76/warc/CC-MAIN-20190722180254-20190722202254-00362.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99916
false
Shirerivier Shirerivier | | ---|---| Oorsprong | Malawimeer | Monding | Zambezirivier | Stroomgebied | Malawi Mosambiek | Lengte | 402 km | Oorspronghoogte | 474 m | Die Shirerivier is 'n rivier in Malawi en Mosambiek. Die rivier is die uitloop van Malawimeer en vloei in die Zambezirivier in. Dit is 402 km lank en die riviervallei is deel van die Groot Skeurvallei. Die stroomsterkte van die Shire hang van die watervlak van die Malawimeer af . Normaalweg vloei die rivier die hele jaar, maar daar is vermeldings uit die jare 30' wat aandui dat die rivier tydens 'n droogte van verskeie jare droog geloop het. Die Shirerivier gaan deur die Malombemeer.
<urn:uuid:62e08809-3b4e-4242-8e30-e261a2c89efe>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Shirerivier
2019-07-24T00:29:12Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530246.91/warc/CC-MAIN-20190723235815-20190724021815-00522.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999843
false
Magnus Malan Generaal Magnus André De Merindol Malan (30 Januarie 1930 – 18 Julie 2011) was 'n voormalige Minister van Verdediging in die Kabinet van P.W. Botha, hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag en hoof van die Suid-Afrikaanse Leër.[1] Magnus Malan | | Minister van Verdediging Ampstermyn 1980 – 1991 | | President | P.W. Botha | ---|---| Voorafgegaan deur | P.W. Botha | Opgevolg deur | Roelf Meyer | Persoonlike besonderhede Gebore | 30 Januarie 1930 Pretoria, Unie van Suid-Afrika | Sterf | 18 Junie 2011 (op 81) Durbanville in Kaapstad | Politieke party | NP | Eggenoot/eggenote | Magrietha Johanna van der Walt | Kind(ers) | 2 seuns, 1 dogter | Alma mater | Universiteit van Pretoria | Religie | N.G. Kerk | BiografieWysig Malan is op 30 Januarie 1930 in Pretoria gebore en in 1962 met Margot van der Walt getroud. Hy is in 1973 as die hoof van die Suid-Afrikaanse Leër aangestel en drie jaar later as die hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag. As hoof van die Weermag implementeer hy verskeie administratiewe veranderinge waarvoor hy respek inpalm. Gedurende die tyd raak hy bevriend met P.W. Botha, toe die Minister van Verdediging en later die Eerste Minister. In Oktober 1980 stel Botha hom aan as die Minister van Verdediging, 'n pos wat hy tot 1991 beklee het. Op 3 Februarie 1993 kondig hy sy uittrede uit die parlement aan. Hy is op 18 Julie 2011 in sy huis in Durbanville in Kaapstad weens hartversaking oorlede. Hy laat sy vrou, twee seuns, 'n dogter en nege kleinkinders agter.[2] Sy as word in die gedenkmuur by die Voortrekkermonument bewaar.[3] VerwysingsWysig Voorafgegaan deur Pieter Willem Botha | Minister van Verdediging 1980–1991 | Opgevolg deur Roelf Meyer | Voorafgegaan deur Hugo Biermann | Hoof van Suid-Afrikaanse Leër 1976 – 1980 | Opgevolg deur Gen Constand Viljoen | Voorafgegaan deur Lt. Gen Willem Louw | Hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag 1973 – 1976 | Opgevolg deur Lt. Gen Constand Viljoen |
<urn:uuid:8cc8c447-bf72-426d-be6a-5d4ecaca1c61>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Magnus_Malan
2019-07-20T07:11:34Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526489.6/warc/CC-MAIN-20190720070937-20190720092937-00066.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999849
false
Maak hoofkeuseskerm oop Soek Wysigings ← Ouer wysiging Nuwer wysiging → Kategorie:Vroeë beskawings (wysig) Wysiging soos op 12:11, 29 November 2010 30 grepe bygevoeg , 8 jaar gelede k [r2.5.2] robot Bygevoeg: fa:رده:تمدنها [[es:Categoría:Civilizaciones]] [[eu:Kategoria:Antzinako zibilizazioak]] [[fa:رده:تمدنها]] [[fi:Luokka:Korkeakulttuurit]] [[fr:Catégorie:Civilisation]] Amirobot 2 398 wysigings Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/704394 "
<urn:uuid:e8eb4a45-0d1a-43a5-bd1f-a13d9c499ff3>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/704394
2019-07-21T13:07:41Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527000.10/warc/CC-MAIN-20190721123414-20190721145414-00226.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.891977
false
Sergei Witte Sergei Witte | | Portret van Sergei Witte geskilder deur Ilya Repin | | 1ste Voorsitter van die Raad van Ministers van die Russiese Ryk Ampstermyn 6 November 1905 – 5 Mei 1906 | | Monarg | Nikolaas II | ---|---| Voorafgegaan deur | Amp geskep | Opgevolg deur | Iwan Goremikin | Voorsitter van die Komitee van Ministers Ampstermyn 1903 – 1905 | | Monarg | Nikolaas II | Voorafgegaan deur | Iwan Nikolaiewitsj Durnowo | Opgevolg deur | Amp afgeskaf | 13de Minister van Finansies van die Russiese Ryk Ampstermyn 30 Augustus 1892 – 16 Augustus 1903 | | Voorafgegaan deur | Iwan Wisjnegradski | Opgevolg deur | Edward Pleske | 14de Minister van Vervoer van die Russiese Ryk Ampstermyn Februarie 1892 – Augustus 1892 | | Voorafgegaan deur | Adolf Gibbenet | Opgevolg deur | Apollon Kriwosjein | Persoonlike besonderhede Gebore | 29 Junie 1849 Tbilisi, Russiese Ryk (tans Georgië) | Sterf | 13 Maart 1915 Petrograd, Russiese Ryk | Alma mater | Noworossiisk Universiteit | Religie | Russies-Ortodokse Kerk | Handtekening | LewensloopWysig Sergei Witte se familie was van Duitse oorsprong. Hulle het hulle in die Baltiese streek gevestig toe dit nog deel was van die Sweedse Ryk (voor Pieter I). Hy is in 1849 gebore in Tbilisi (Georgië) en studeer in wiskunde aan die Noworossijsk-universiteit (tans bekend as die Odessa-staatsuniversiteit) in Odessa, waar hy in 1870 sy studies voltooi. Ná 'n loopbaan as suksesvolle administrateur van die Suidwes-Russiese Spoorweë word hy in 1889 in die Russiese regering opgeneem as leier van die Departement vir Spoorwegaangeleenthede. In 1893 word hy benoem as Minister van Finansies. Witte bevorder kragdadig die industrialisasie van Rusland en is een van eerste mense wat hom beywer vir die bou van die Trans-Siberiese spoorlyn. Hy stabiliseer die Russiese roebel, wat in 1897 gekoppel word aan die goudstandaard. Danksy die verantwoordelike finansiële beleid van Witte en die feit dat die roebel 'n stabiele geldeenheid was, kon die Russiese regering by buitelandse banke op gunstige terme lenings bekom vir die bou van spoorlyne. Die bou van 'n relatief digte spoorstelsel was van groot belang vir die ontwikkeling van sowel industrieë as die landbou in Rusland. Die graan geproduseer in die nuwe landbougebiede in die Suid-Russiese en Suid-Oekraïense steppe kon voortaan betreklik goedkoop vervoer word na die groot stede van Noord-Rusland en die hawestede in die suide, soos Odessa en Rostof aan die Don, van waar die graan na Wes-Europa verskeep kon word. In die laaste dekade van die 19e eeu was Rusland die Europese land met die vinnigs groeiende ekonomie. Die hervormingspolitiek van Witte lei uiteindelik tot konflik met ander ministers, en veral met die ultra-konserwatiewe Minister van Binnelandse Sake Wjatsjeslaf Konstantinowitsj von Plehwe, wat Witte in 'n slegte lig by tsaar Nikolaas II stel. Plehwe beweer dat Witte betrokke is by 'n Joodse sameswering. Witte word gedwing om op 29 Augustus 1903 te bedank as Minister van Finansies. Hy word aangestel in die relatief magtelose posisie as voorsitter van die Komitee van Ministers, 'n posisie wat hy beklee tot in 1905. Terwyl hy polities grootliks sy invloed verloor het, moet hy magteloos toesien hoe Rusland betrokke raak by waaghalsige politiek in Korea wat aanleiding gee tot die Russies-Japannese Oorlog van 1904-1905. Toe hierdie oorlog op 'n Russiese nederlaag uitloop, mis tsaar Nikolaas die onderhandelingsvaardighede van Witte en stel hom weer in die regering aan. In twee opsigte maak Witte homself nuttig. In die eerste plek stel hy deur sy reputasie die Russiese regering in staat om by buitelandse banklenings te verkry, wat die regering nodig gehad het om die onstabiliteit van die Rewolusie van 1905 te oorleef. In die tweede plek beding hy as Russiese hoofonderhandelaar by die Amerikaans bemiddelde onderhandelinge in Portsmouth (New Hampshire) relatief gunstige voorwaardes vir Rusland. Weliswaar verloor Rusland al sy politieke invloed in Mantsjoerye en Korea, en moet die skiereiland Liaodong aan Japan afstaan, maar Rusland behou die noordelike helfte van Sachalin. Hoewel Witte self nie 'n groot ondersteuner van die konstitutionele regeringsvorm was nie, slaag hy daarin om die tsaar daarvan te oortuig om toegewings te maak om die rewolusionêre beweging se invloed in te perk. Witte stel daarvoor die Oktobermanifes op, wat deur Nikolaas II bekragtig word en tot die instelling van 'n verkose parlement, die Doema lei. Die oorweldige oorwinning deur linksgesinde politieke partye in die eerste parlement maak samewerking met die regering onmoontlik. Daarom word spoedig besluit om die parlement te ontbind. Witte word deur behoudende politici verantwoordelik gehou vir die situasie en hy word gedwing tot aftrede. Nadat hy vir die tweede keer uit die regering verwyder is, trek Sergei Witte homself in sy private lewe terug en skryf hy sy memoires. Hierdie geskrifte word 'n belangrike historiese bron. Witte gee wel af en toe sy mening in die openbaar oor aktuele gebeure in Rusland. Met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog protesteer hy skerp teen die Russiese betrokkenheid en waarsku hy dat Rusland verslaan kan word. In plaas van deelname aan die oorlog stel hy voor dat Rusland die inisiatief neem om vredesonderhandelinge tussen Duitsland en Frankryk te bemiddel. Die tsaar gee egter nie hieraan gehoor nie. Kort hierna sterf Witte op 65-jarige leeftyd in Sint Petersburg.
<urn:uuid:79cc3be2-a45e-4c27-9138-043a53d712a2>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Sergei_Witte
2019-07-22T18:16:52Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528208.76/warc/CC-MAIN-20190722180254-20190722202254-00386.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999996
false