text
string
id
string
dump
string
url
string
date
string
file_path
string
license_abbr
string
license_version
string
license_location
string
license_in_head
bool
license_in_footer
bool
potential_licenses
dict
license_parse_error
bool
license_disagreement
bool
language_script
string
language
string
language_score
float64
found_in_fw
bool
Boekbronne Jump to navigation Jump to search Biblioteke Suid-Afrika: - Soek die boek in die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika se katalogus - Soek die boek in die SEALS Konsortium se biblioteek - Soek die boek in die Universiteit van Suid-Afrika se biblioteek - Soek die boek in die Universiteit van die Witwatersrand se biblioteek - Soek die boek in die Kaapse Hoër Onderwys Konsortium se biblioteek Wêreldwyd: - Soek die boek deur WorldCat in jou plaaslike biblioteek se katalogus Boekwinkels Suid-Afrika: Ander lande:
<urn:uuid:9e56f0d4-9383-4c62-8172-b006bfd099c7>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Boekbronne/0-929497-03-1
2019-07-18T02:48:15Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525483.64/warc/CC-MAIN-20190718022001-20190718044001-00407.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999935
false
Hawker Fury Hawker Fury | | ---|---| Tipe | Vegvliegtuig | Vervaardiger | Hawker Aircraft | Nooiensvlug | 25 Maart 1931 | Status | Uit diens gestel | Hoofgebruikers | Britse Lugmag Suid-Afrikaanse Lugmag Spaanse Lugmag | Aantal gebou | 275 | Die Hawker Fury was 'n Britse dubbeldekker vegvliegtuig wat in die 1930's tot aan die begin van die Tweede Wêreldoorlog diens gedoen het. Dit was die eerste Britse vliegtuig wat vinniger as 200 mpu (322 km/h) kon vlieg. Die vliegtuig se ligte, sensitiewe beheermeganismes was gewild onder die vlieëniers en die vliegtuig is ook gebruik vir lugvertonings en kunsvlieg. Die vliegtuig het sy nooiensvlug voltooi op 25 Maart 1931 en is in diens gestel in Mei 1931 in die Britse Lugmag. Die Mk II is in 1937 in diens gestel, dit het die kragtiger Kestrel VI enjin gehad. Dit was 'n tydelike maatreël tewyl daar gewag was vir die Hawker Hurricane. Die Fury Mk II was tien persent vinniger as die Mk I maar het 'n korter togafstand gehad. Die Fury was Brittanje se hoofvegvliegtuig in die dertigerjare en is eers vanaf 1937 vervang met Gloster Gladiators. Toe die Tweede Wêreldoorlog uitbreek, was daar nog 50 Fury's in diens. Die Hawker Fury was verskaf aan Suid-Afrika, Spanje, Noorweë, die destydse Persië, Portugal en Joego-Slawië. Drie eskaders van Suid-Afrikaanse Lugmag Fury's het diens gedoen in Oos-Afrika terwyl die vliegtuie van Joego-Slawië teen die Luftwaffe geveg het gedurende die Duitse inval in 1941. Die Mk I's verskaf aan Persië was toegerus met Pratt & Whitney of Bristol Mercury stermotors. Tegniese besonderhede[wysig | wysig bron] Item | Statistiek | ---|---| Aantal motore | 1 | Tipe motor | Skroef | Vervaardiger | Rolls-Royce Kestrel VI 12-silinder V-enjin | Kraglewering per motor | 640 perdekrag | Vlerkspan | 9,14 m | Lengte | 8,15 m | Hoogte | 3,1 m | Vlerkoppervlakte | 23,41 m2 | Maks. opstygmassa | 1 637 kg | Maksimum snelheid | 359 km/h | Operasionele hoogte | 8 990 m | Togafstand | 435 km | Klimvermoë | 3 050 m in 3.8 minute | Bewapening | Twee 7.7 mm gesinchroniseerde masjiengewere. | Sien ook[wysig | wysig bron] Bron[wysig | wysig bron] - Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015. ISBN 978-1-84476-917-9
<urn:uuid:4fb6268d-5142-46f4-92dd-7bd15ee274c2>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Hawker_Fury
2019-07-19T10:34:28Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00007.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99993
false
Sapfo Sapfo | | ’n Borsbeeld met die inskripsie Sapfo van Eressos. Romeinse kopie van die oorspronklike Griekse werk uit die 5de eeu v.C. Gebore | ca. 650/610 v.C. | ---|---| Oorlede | 580 v.C. | Nasionaliteit | Antieke Griekeland | Beroep | Digter | Kind(ers) | Cleis (dogter) | Sapfo of Sappho (Grieks: Σαπφώ) was ’n Griekse liriese digteres wat op die eiland Lesbos gebore is. Sy het gelewe van tussen 630 en 612 v.C. tot omstreeks 570 v.C., maar baie min is vir seker bekend oor haar lewe. Die meeste van haar gedigte, wat in die antieke tyd in ’n groot mate bewonder is en baie bekend was, het verlore gegaan. Haar ontsaglike gewildheid is egter duidelik danksy fragmente wat behoue gebly het. Lewe[wysig | wysig bron] Die enigste hedendaagse bron oor haar lewe is haar eie werk, maar geleerdes is skepties daaroor of dit biografies van aard was. Latere biografiese inligting is ook onbetroubaar.[1] In Sapfo se leeftyd was daar ’n periode van politieke woelinge op Lesbos en die opgang van Pittakos. Volgens die Pariese Kroniek is Sapfo iewers tussen 604 en 594 v.C. na Sisilië verban. Haar werk bevat min inligting oor politieke toestande. Die uitsondering is Fragment 98, waarin verbanning genoem word en waaruit afgelei kan word dat Sapfo sonder haar gewone geriewe moes klaarkom. Hoewel dit nêrens genoem word nie, word aangeneem sy het later uit haar bannelingskap teruggekeer en die grootste deel van haar lewe op Lesbos gewoon. Seksualiteit[wysig | wysig bron] Sapfo se gedigte het gefokus op passie en liefde vir verskeie mense van albei geslagte. Die woord "lesbies" vir vroulike homoseksualiteit is afgelei van Lesbos, die eiland waar sy gewoon het, en ’n ouer sinoniem, "sapfies", is van haar naam afgelei. Nie een van die woorde is agter gebruik voor die 19de eeu nie.[2][3] Die vertellers in baie van haar gedigte praat oor liefde vir verskeie vroue wat soms beantwoord is en soms nie. Beskrywings van fisieke kontak tussen vroue is egter seldsaam en debatteerbaar.[4][5] Of dié gedigte bedoel was om biografies te wees is onseker, hoewel elemente van haar lewe wel in ander werke voorkom. Haar homo-erotika moet in verband gesien word met die 7de eeu v.C. Die gedigte van haar tydgenoot Alkaios en later Pindar het ook sulke romantiese verbintenisse bevat tussen lede van ’n spesifieke sirkel.[6] Alkaios beskryf haar as "violetharig en rein met ’n heuningglimlag" (fr. 384). Die 3de-eeuse filosoof Maximus van Tirus skryf Sapfo was "klein en donker" en dat haar verhoudings met haar vriendinne soortgelyk was aan dié van Sokrates: Wat anders kan ’n mens die liefde van die Lesbiese vroue noem as die Sokrates-kuns van die liefde? Want dit lyk of hulle liefde beoefen het op hul eie manier, sy die liefde van vroue, hy dié van seuns.[7] Werk[wysig | wysig bron] Die Biblioteek van Alexandrië het Sapfo se gedigte in nege boeke saamgevat. Dié deel wat behoue gebly het, is klein, maar weerspieël die omvang en belangrikheid van haar werk. Daar is net een volledige gedig, Fragment 1, Lofsang aan Afrodite.[8] Ander belangrike fragmente sluit in drie feitlik volledige gedigte, Fragmente 16, 31 en 58. Laasgenoemde gaan oor die ouderdom en is die laaste een wat ontdek is. Fragmente 16 en 44 is liriese vertellings van Homeros se epiese gedigte: dit is bekend dat Sapfo sy gedigte geken het.[9] Albei fragmente verwys na Homeros se Ilias, terwyl Sapfo sy gedigte ook uitbrei met haar eie vertellings. Die politieke atmosfeer van Lesbos in Sapfo se tyd het baie ooreengestem met dié van Homeros se Troje, aangesien die stede van Lesbos voortdurend bedreig is vanaf Lydia. Waar Homeros gefokus het op die uitbeelding van skoonheid deur die glorie van militarisme, het Sapfo gefokus op die uitbeelding van skoonheid deur liefde. Albei het ten doel gehad om gebeure ter wille van die nageslag te vier en herdenk.[10] Verwysings[wysig | wysig bron] - Sien bv. J. Fairweather, "Fiction in the biographies of ancient writers," Ancient Society 5 (1974); Mary R. Lefkowitz, The lives of the Greek poets, Johns Hopkins UP, 1981. - Douglas Harper (2001). "Lesbian". Online Etymology Dictionary. Besoek op 2009-02-07. - Douglas Harper (2001). "Sapphic". Online Etymology Dictionary. Besoek op 2009-02-07. - Denys Page, Sappho and Alcaeus, Oxford UP, 1959, pp. 142-146. - (Campbell 1982, p. xi-xii) - Anne Pippin Burnett, Three Archaic Poets: Archilochus, Alcaeus, Sappho, Harvard UP, 1983. - Campbell 1982, bl. 21 - Hymn to Aphrodite, vertaling en notas - Rutherford, Richard. Classical Literature: A Concise History. Wiley-Blackwell, 1991. bl. 151. - Reynolds, Margaret. The Sappho Companion. Palgrave:New York, 2001. bl. 16. Verdere leesstof[wysig | wysig bron] - Barnard, Mary (vert.), Sappho: A New Translation, University of California Press; Junie 1986 ISBN 0-520-22312-8 - Campbell, D. A. (ed.) (1982). Greek Lyric 1: Sappho and Alcaeus (Loeb Classical Library No. 142). Harvard University Press, Cambridge, Mass. ISBN 0-674-99157-5. Volledige Griekse teks en verwysings deur antieke skrywers na Sapfo. - Carson, Anne (vert.), If Not, Winter: Fragments of Sappho, Knopf (2002) ISBN 0-375-41067-8; ook Virago Press, VK, ISBN 1-84408-081-1 (’n tweetalige uitgawe; N.Y. Times-resensie) - DuBois, Page, Sappho Is Burning, University of Chicago Press (1995) ISBN 0-226-16755-0 - Lidov, Joel, "Sappho, Herodotus and the Hetaira", in Classical Philology, Julie 2002, pp. 203–237. Eksterne skakels[wysig | wysig bron] - Vertalings van haar werk deur digters soos Ben Jonson, Lord Byron en T.S. Eliot) - The Divine Sappho (Griekse teks met verskeie vertalings) - aoidoi.org (Griekse teks met kommentaar deur William Annis) - Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Sapfo. - Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
<urn:uuid:7d1711c0-fd20-4aff-9e39-bb6c564d44d8>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Sapfo
2019-07-19T10:30:57Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00007.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99985
false
Grootrietreier Die Grootrietreier of Roerdomp is 'n seldsame standvoël in suider-Afrika. 'n Tweede subspesie kom egter wydverspreid in Eurasië voor. Grootrietreier | |||||||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Bewaringstatus | |||||||||||||||| Wetenskaplike klassifikasie | |||||||||||||||| Binomiale naam | |||||||||||||||| Botaurus stellaris (Linnaeus, 1758) | Inhoud IdentifikasieWysig Dit lyk na 'n onvolwasse Gewone nagreier, maar is heelwat groter en bonkiger, duideliker gestreep en het 'n swart mus en geel of rooibruin oë. Die vlerkspan is heelwat groter as die Gewone nagreier s'n, 100–130 cm, en in vlug steek die pote heeltemal by die stert verby. Die liggaamslengte is 64–81 cm. HabitatWysig Dit is 'n uiters skugter alleenloper in tydelike vloedvlaktes, standhoudende moerasse en rivierlope in grasveld, waar dit skuil in rietplate of soortgelyke digte plantegroei. Op die grond hou hulle gewoonlik in riete op soek na amfibiese diere, en vis. As hierdie reier skrik, staan hy doodstil met sy snawel boontoe gerig en word dan nie maklik raakgesien nie. Die voël word ook nie maklik opgejaag nie. Hulle is gewoonlik die aktiefste gedurende sonsopkoms en -ondergang. VerspreidingWysig Die spesie kom voor in die Okavangodelta en die sentrale deel van Mosambiek, asook sporadies in Suid-Afrika op 'n paar geïsoleerde plekke in Noord-Wes Provinsie, Limpopo Provinsie en Mpumalanga. Hulle getalle is aan die afneem in die gematigde streke van Europa en Asië. Daar kom hulle voor in die meer gematigde westelike en suidelike streke, maar migreer vir die winter na vriesvrye gebiede in die suide. GeluidWysig In die nesmaaktyd (somer) is die mannetjie se lae dreunende geroep bedags en snags hoorbaar. Die geluid kan die beste vergelyk word met iemand wat op 'n hol boomstomp slaan. Om wyfies te lok, maak die mannetjie ook 'n hoë, skerp geluid. Soos etlike ander reiersoorte laat hoor dit 'n "skwark" geluid wanneer dit opvlieg. Ander nameWysig - Engelse naam: Bittern of Great bittern - Duitse naam: Rohrdommel - Wetenskaplike naam: Botaurus stellaris
<urn:uuid:3ce400ad-a16f-40a1-872f-e52363bc3b5f>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Grootrietreier
2019-07-21T20:59:16Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527204.71/warc/CC-MAIN-20190721205413-20190721231413-00327.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999948
false
Boekbronne Biblioteke Suid-Afrika: - Soek die boek in die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika se katalogus - Soek die boek in die SEALS Konsortium se biblioteek - Soek die boek in die Universiteit van Suid-Afrika se biblioteek - Soek die boek in die Universiteit van die Witwatersrand se biblioteek - Soek die boek in die Kaapse Hoër Onderwys Konsortium se biblioteek Wêreldwyd: - Soek die boek deur WorldCat in jou plaaslike biblioteek se katalogus Boekwinkels Suid-Afrika: Ander lande:
<urn:uuid:6e9befc0-0175-4b68-beeb-fe90d72630bb>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Boekbronne/978-1-77582-215-8
2019-07-21T20:55:25Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527204.71/warc/CC-MAIN-20190721205413-20190721231413-00327.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999966
false
Bladsygeskiedenis 10 September 2018 6 Februarie 2018 4 Februarie 2018 6 November 2017 →Bronne geen wysigingsopsomming nie +57 geen wysigingsopsomming nie geen wysigingsopsomming nie +1 391 geen wysigingsopsomming nie +1 215 24 Oktober 2017 19 Julie 2017 geen wysigingsopsomming nie geen wysigingsopsomming nie geen wysigingsopsomming nie +197 geen wysigingsopsomming nie +42
<urn:uuid:7044aac9-328b-4dd4-9e07-ec813a2e3d81>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Geskiedenis/Malvern,_Johannesburg
2019-07-21T21:36:31Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527204.71/warc/CC-MAIN-20190721205413-20190721231413-00327.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.996175
false
Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1984 Die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1984 het in Augustus 1984 in Suid-Afrika plaasgevind om Kleurling- en Indiër-verteenwoordigers vir hulle onderskeie huise in die driekamerparlement te kies. Dit volg na die Suid-Afrikaanse referendum van 1983 waartydens Blanke kiesers met 'n twee-derde meerderheid ten gunste van die instelling van 'n driekamerparlement gestem het. Inhoud Verloop[wysig | wysig bron] Die verkiesing van bruinmense vir die Raad van Verteenwoordigers het op 22 Augustus plaasgevind. Die Arbeidersparty onder leiding van eerwaarde Allan Hendrickse wen die verkiesing en palm 76 van die 80 setels in. Die verkiesing van Indiërs vir die Raad van Afgevaardigdes is op 28 Augustus gehou. Die "National People's Party" verower 18 van die 40 setels.[1] Die verkiesing is deur die "United Democratic Front" geopponeer en is deur boikotte en protesaksie gekenmerk.[1] Na afloop van die verkiesing reik die Verenigde Nasies resolusie 554 van 1984 uit wat die verkiesing as onregverdig en ongeldig bestempel, omdat dit die Blanke minderheidsregering in stand hou. Ander het dit weer as 'n belangrike stap in die proses van demokratisering van die Suid-Afrikaanse samelewing beskou. Resultate[wysig | wysig bron] Raad van Verteenwoordigers[wysig | wysig bron] Party | Stemme | % | Setels | ---|---|---|---| Arbeidersparty | 76 | || Volkskongres Party | 2 | || Vryheidsparty | 1 | || Onafhanklikes | 1 | || Bedorwe/blanko stemme | – | – | | Totaal | 80 | || Geregistreer/stempersentasie | 30,9 | – | | Bron: African Elections Database | Raad van Afgevaardigdes[wysig | wysig bron] Party | Stemme | % | Setels | ---|---|---|---| Nasionale Volksparty | 18 | || Solidariteit | 17 | || Progressiewe Onafhanklikheidsparty | 1 | || Onafhanklikes | 4 | || Bedorwe/blanko stemme | – | – | | Totaal | 40 | || Geregistreer/stempersentasie | 16,2 | – | | Bron: African Elections Database | Verwysings[wysig | wysig bron] - ( ) Elections in South Africa, African Elections Database
<urn:uuid:e07bcfb3-b215-489b-a4e5-dd26b185ae23>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Suid-Afrikaanse_algemene_verkiesing_van_1984
2019-07-23T03:08:26Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528687.63/warc/CC-MAIN-20190723022935-20190723044935-00487.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999894
false
Stofberg-gedenkskool Stigting[wysig | wysig bron] Die skool is op 1 Oktober 1908 gestig nadat die Sinodes van die gefedereerde Nederduitse Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika eenparig besluit het om 'n opleidingskool vir swart predikante, evangeliste en onderwysers op te rig. Dit is na ds. Pieter Stofberg genoem na aanleiding van sy welsprekende pleidooi op die Kaapse Kerk se Sinode van 1906. Die klas vir evangeliste het begin met een dosent en een student. Die lektor was ds. Andrew Hofmeyr (1866–1936), die eerste hoof van die instelling, wat in dié amp aangebly het tot sy aftrede in Desember 1934, toe hy opgevolg is deur sy tweede oudste seun, ds. H. Murray Hofmeyr (1898–1977, later rektor van die teologiese skool aan die Universiteit van die Noorde). 'n Groot instelling met talle onderafdelings het mettertyd ontwikkel. Sluiting[wysig | wysig bron] Vroeg in 1956 het die Nasionale Party-regering die normaalkollege kragtens die Wet op Bantoe-onderwys (Wet. No. 47 van 1953) oorgeneem toe daar 16 personeellede en 364 in dié afdeling was. In die laerskool, wat as oefenskool vir die normaalkollege gedien het, was daar ses onderwysers en 326 leerlinge. Einde 1959, toe daar vier lektore en 120 studente in die teologiese skool was, moes die Stofberg-gedenkskool verskuif na 'n "bantoe-gebied" omdat dit in 'n blanke groepsgebied geleë was. Tot in daardie stadium is 84 predikante, 651 evangeliste en sowat 1 100 ten volle opgeleide onderwysers aan die skool opgelei. Die verslag van die Sinodale Sendingkommissie wat voor die Sinode van die NG Kerk van Transvaal van 1957 gedien het, het die omstandighede van destyds as volg beskryf: "Soos reeds gemeld moet al drie opvoedingsinrigtings (Stofberg-gedenkskool, Bethesda-normaalskool en Emmarentia Geldenhuys-skool) óf gesluit óf verskuiwe word binne vyf jaar omdat hulle volgens die Groepsgebiedewet swart kolle binne die wit kolle is, of inrigtings binne blanke gebiede. Na lange onderhandelinge met die Naturellasake Departement het dit geblyk noodsaaklik te wees, niks kon gedoen word om dit te voorkom nie. Die Besture het toe deur memorandums en onderhandelinge met die Departement probeer om die beste daarvan te maak deur uit te vind waarheen verskuiwe kon word en wat vir die Kerk die voordeligste sal wees om te doen en tog nog sy deel aan die opvoeding te behou sover dit enigsins moontlik is. Die Regering was baie toegeeflik, altyd genaakbaar en het die besture met die beste advies bedien. "Stofberggedenkskool se Normaalskool-studente sal opgeneem word in die inrigtings van die Staat soos byvoorbeeld by Thaba Nchu in die Vrystaat en ’n moontlike opleidingskool in die Pietersburg-distrik. Die Teologiese afdeling van Stofberg, t.w. die opleiding van evangeliste en inboorlingleraars moet deur die Kerk voorsiening voor gemaak word; grond sal deur die Staat op trustgronde geskenk word en okkupasiereg verleen word om die kerklike geboue daar op te rig. Ruimte sal genoeg wees vir die bou van al die nodige geboue, klaskamers, hostels, privaat wonings, ens. Die Staat sal dit verwelkom as die Kerk sy inrigtings by hul opvoedingsinrigtings plaas vir die goeie invloed van sy leerlinge en studente. Die Kerk aan die ander kant sal dankbaar wees as hy van die Staat se opvoedingsinrigtings kan gebruik maak vir die akademiese opleiding van sy teologiese studente. Oor die verkoop van die gronde en geboue van Stofberg moet die vier Gefedereerde Kerke besluit."[1] Nuwe skole[wysig | wysig bron] Sedert 1960 is die opleiding voorgesit op vier verskillende plekke. Die teologiese afdeling van die oorspronklike skool het na Turfloop naby die huidige Polokwane in die destydse Noord-Transvaal verskuif (waar die NG Kerk en die Hervormde Kerk saamwerk); 'n nuwe teologiese seminarium is op Witsieshoek in die Vrystaat gestig en die seminariums op Dingaanstat in Natal en Decoligny by Umtata by die nuwe skema ingelyf. Dié vier instellings is deur 'n sentrale bestuur beheer waarin die streeksinodes van die NG Kerk en die sendingkerke verteenwoordig is. Elke instelling het sy eie plaaslike komitee gehad. Begin 1960 het die nuwe teologiese skole op Turfloop en Witsieshoek geopen met onderskeidelik 92 en 61 studente, vergeleke met die ou Stofberg-gedenkskool se 120 in sy laaste jaar, die meeste in dié skool se meer as halfeeu lange bestaan. Dit was nadat die studente van die gedenkskool einde 1959 tussen Turfloop en Witsieshoek verdeel is. Turfloop, sowat 27 km anderkant Polokwane op die grootpad na Magoebaskloof, se amptelike opening was op 1 Maart 1960 waar onder andere ds. Arnold Meiring, moderator van die Algemene Sinode van die Transvaalse Kerk, ds. H.M. Hofmeyr, rektor van Turfloop, en prof. E.F. Potgieter, rektor van die "Bantoe-Universiteitskollege van die Noorde", toesprake gelewer het. Destyds het Die Voorligter onder meer as volg oor die opening berig: "Die netjiese lesingslokale, biblioteek, koshuise en personeelwonings het ’n baie goeie indruk op die besoekers gemaak en vergelyk goed met die indrukwekkende geboue van die universiteitskollege. Die argitek en bou-eenheid verdien alle lof vir wat hulle in so ’n kort tydjie tot stand gebring het. Die mooi kapel met sy klipmure en hoë dak sal eersdaags voltooi word." Bronne[wysig | wysig bron] - ( ) Dreyer, eerw. Andries 1910. Historisch Album van De Nederduitsche Gereformeerde Kerk in Zuid Afrika. Kaapstad: Cape Times Beperkt. - ( ) Dreyer, eerw. Andries. 1924. Eeuwfeest-Album van de Nederduits Gereformeerde-Kerk in Zuid-Afrika, 1824–1924. Kaapstad: Publikatie-Kommissie van de Z.A. Bijbelvereniging. - ( De Kock, W.J. (hoofred.) 1968. ) Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek deel I. Kaapstad: Nasionale Boekhandel Beperk. - ( ) Gerdener, prof. G.B.A. in Potgieter, D.J. (hoofred.) 1974. Standard Encyclopaedia of Southern Africa vol. 10. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery. - ( Murray, ds. H. Murray in Potgieter, D.J. (hoofred.) 1974. ) Standard Encyclopaedia of Southern Africa vol. 10. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery. Verwysings[wysig | wysig bron] - ( Handelinge 1957 van die vier-en-twintigste Sinode van die N.H. of G. Kerk van Suid-Afrika te Pretoria op 24 April en volgende dae. Pretoria: NG Kerk van Transvaal. )
<urn:uuid:538ceb6e-59f0-404f-a38f-85ea39e27eb3>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Stofberg-gedenkskool
2019-07-18T02:46:27Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525483.64/warc/CC-MAIN-20190718022001-20190718044001-00431.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999981
false
Bespreking:Persiese blou Jump to navigation Jump to search Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Persiese blou-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. | Artikelriglyne Daaglikse bladtrekke | |
<urn:uuid:8bb912ad-f1fc-41cf-b8d9-ef0d66020448>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Persiese_blou
2019-07-19T10:33:27Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00031.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
1.000004
false
Groot Basaar (Istanboel) Die Groot Basaar (Turks: Kapalıçarşı, "onderdak-basaar") in Istanboel, Turkye, is een van die grootste en oudste onderdak-markte in die wêreld. Dit het 58 onderdak-strate en meer as 1 200 winkels wat daagliks tussen 250 000 en 400 000 besoekers lok. Dit is in 1461 geopen en is bekend vir sy juweliers-, pottebakkers-, spesery- en tapytwinkels. Baie van die stalletjies is gegroepeer volgens soort, met spesiale dele vir bv. leerbaadjies, goue juweliersware, ens. Die aanvanklike basaar is tussen 1455 en 1461 gebou op las van sultan Mehmet die Veroweraar. In die 16de eeu, tydens die bewind van sultan Süleyman die Manjifieke, is dit baie uitgebrei en in 1894 het dit groot restourasiewerk ondergaan ná ’n aardbewing. Die basaar het vier hoofhekke aan die eindpunte van die twee grootste strate wat naby die suidwestelike hoek van die basaar kruis. Een straat verbind die Bajezid II-moskee en -plein met die Nuruosmaniye-moskee. Verwysings[wysig | wysig bron] - Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Grand Bazaar, Istanbul - Archnet Digital Library – Covered Bazaar - Let's Go Istanbul – Istanbul Covered Bazaar - Turkish Culture Portal – Grand Bazaar in Istanbul Eksterne skakels[wysig | wysig bron] - Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Groot Basaar (Istanboel). - Groot Basaar aanlyn ( ) - Nog ’n webtuiste - Tapytwinkels Belangrikste bakens van Istanboel | | Koördinate: |
<urn:uuid:66cc5963-3810-41c3-a911-47cb29baa617>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Groot_Basaar_(Istanboel)
2019-07-19T10:27:03Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00031.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999677
false
Ozeaneum Stralsund Naas die uitstallings en akwariums, wat in die seemuseum se hoofgebou in die voormalige Stralsundse Dominikaneklooster St. Katharina gehuisves word, word in die Ozeaneum op die hawe-eiland vyf permanente uitstallings en akwariums met seehabitats van die Oos- en Noordsee asook die noordelike Atlantiese Oseaan vertoon. Die grootste akwarium-tenk (met die oop Atlantiese Oseaan se habitat) bevat 2,6 miljoen liter water. Die Ozeaneum, wat sy deure in 2008 vir die publiek geopen het, is in 2010 aangewys as die Europese Museum van die Jaar.[1]
<urn:uuid:d8fb1826-8d9a-43f9-a4cf-99e414d573d0>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Ozeaneum_Stralsund
2019-07-19T10:32:22Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00031.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999954
false
Geelborskoester Die geelborskoester (Anthus chloris) is 'n endemiese voël en gelokaliseerde somerbesoeker in kort berggrasveld hoër as 1 500 m bo seevlak. Gedurende die winter beweeg die meeste voëls na laer gebiede. Die voël is 17 cm groot en weeg 25 gram. In Engels staan die voël bekend as die Yellow-breated pipit. Geelborskoester | |||||||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Bewaringstatus | |||||||||||||||| Wetenskaplike klassifikasie | |||||||||||||||| Binomiale naam | |||||||||||||||| Anthus chloris Lichtenstein, 1842 | Sien ookWysig BronWysig VerwysingsWysig - BirdLife International (2012). "Anthus chloris". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.
<urn:uuid:526e9ef3-979c-484f-839a-2d8f4bb826b7>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Anthus_chloris
2019-07-15T17:58:51Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195523840.34/warc/CC-MAIN-20190715175205-20190715201205-00135.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.997083
false
Sand Sand is 'n korrelagtige materiaal wat natuurlik op aarde voorkom. Dit bestaan uit fyn korrels kwarts, rots of klip waarvan die grootte kan varieer. Tegnies gesproke is die term "sand" net 'n groottekategorie en verwys na materiaal wat groter as silt en kleiner as gruis is. Die term word dikwels ook gebruik om na die tekstuur van grond te verwys - die verhouding waarin sand, slik en klei voorkom. Grond, wat volgens sy massa-inhoud meer as 85 persent partikels met die grootte van sandkorrels bevat, word sanderig genoem. Die samestelling van sand varieer grootliks, afhangende van plaaslike rotsbronne en ander omstandighede, maar die belangrikste bestanddeel in binnelandse omgewings op vastelande en in nie-tropiese kusgebiede is silika of silikondioksied (SiO2) wat meestal as kwarts voorkom. Die tweede belangrikste tipe sand is kalsiumkarbonaat, byvoorbeeld aragoniet, wat in die laaste 500 miljoen jaar deur verskillende lewensvorme soos byvoorbeeld korale en skaaldiere gevorm is en tans veral in gebiede voorkom waar die ekostelsels al miljoene jare lank deur riwwe oorheers word soos die Karibiese See. Kwartssand speel 'n belangrike ekonomiese rol as grondstof in 'n verskeidenheid bedrywe, waaronder die bou-, glas- en halfgeleierbedryf.
<urn:uuid:7fb63a90-2ff3-4723-9c5d-c3ea00f94297>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Sand
2019-07-15T17:58:02Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195523840.34/warc/CC-MAIN-20190715175205-20190715201205-00135.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999986
false
Kategorie:Mense volgens oorloë Jump to navigation Jump to search Wikimedia Commons bevat media in verband met Mense volgens oorloë. | Subkategorieë Hierdie kategorie bevat die volgende 5 subkategorië, uit 'n totaal van 5.
<urn:uuid:3aec3bb1-f36a-4518-8cb6-bac6913877de>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Mense_volgens_oorlo%C3%AB
2019-07-16T23:07:19Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00295.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.989815
false
amper Jump to navigation Jump to search Inhoud Bywoord | ---| amper | - Van Maleis: hampir, "amper, byna". - IPA: [ˈɑmpər] - am•per - اَمْپِرْ - Byna, so dat min skeel, so hittete, na aan. - Hy het amper genoeg geld om die motor te koop. Vertalings: amper | ||| ---|---|---|---| Woord | ---| amper | - IPA: [ˈɑmpər]
<urn:uuid:8ee60b61-0807-4a09-8572-0bb99454bf0a>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wiktionary.org/wiki/amper
2019-07-16T23:16:15Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00295.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.962775
false
Josip Broz Tito Josip Broz Tito (Serwo-Kroaties: Јосип Броз Тито; 7 Mei 1892 - 4 Mei 1980) was die leier van die Sosialistiese Federale Republiek van Joego-Slawië van 1945 tot sy dood. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het Tito die anti-fascistiese versetbeweging, die Joego-Slawiese Partisane, georganiseer. Later was hy ’n stigterslid van Cominform, maar 'n teenstander van die Sowjetunie se invloed (sien Titoïsme), en word hy een van die stigters en voorstanders die Beweging van Onverbonde Lande. Josip Broz Tito Јосип Броз Тито | | Josip Broz Tito in sy militêre uniform | | 1ste President van Joego-Slawië Ampstermyn 14 Januarie 1953 – 4 Mei 1980 | | Eerste minister | Homself (1953–63) Petar Stambolić (1963–67) Mika Špiljak (1967–69) Mitja Ribičič (1969–71) Džemal Bijedić (1971–77) Veselin Đuranović (1977–80) | ---|---| Voorafgegaan deur | Ivan Ribar (as Voorsitter van die Presidentskap van die volksvergadering) | Opgevolg deur | Lazar Koliševski (as Voorsitter van die Presidentskap van SFR Joego-Slawië) | 22ste Eerste Minister van Joego-Slawië Ampstermyn 2 November 1944 – 29 Junie 1963 | | President | Ivan Ribar (1945–53) Homself (1953–63) | Monarg | Pieter II (1943–45) | Voorafgegaan deur | Ivan Šubašić | Opgevolg deur | Petar Stambolić | 1ste Sekretaris-generaal van die Beweging van Onverbonde Lande Ampstermyn 1 September 1961 – 5 Oktober 1964 | | Voorafgegaan deur | Amp geskep | Opgevolg deur | Gamal Abdel Nasser | 1ste Federale minister van Nasionale Verdediging Ampstermyn 7 Maart 1945 – 14 Januarie 1953 | | Eerste minister | Homself | Voorafgegaan deur | Amp geskep | Opgevolg deur | Ivan Gošnjak | 4de President van die Liga van Kommuniste van Joego-Slawië Ampstermyn Maart 1939 – 4 Mei 1980 | | Voorafgegaan deur | Milan Gorkić | Opgevolg deur | Branko Mikulić | Persoonlike besonderhede Gebore | 7 Mei 1892 Kumrovec, Oostenryk-Hongarye (tans Kroasië) | Sterf | 4 Mei 1980 Ljubljana, Joego-Slawië (tans Slowenië) | Politieke party | Liga van Kommuniste van Joego-Slawië | Eggenoot/eggenote | Pelagija Broz (1919–1939) Herta Haas (1940–1943) Jovanka Broz (1952–1980) | Kind(ers) | 4 | Religie | Geen (Ateïsme)[1][2] (vroeër Rooms-Katolieke Kerk)[3] | Handtekening | | Militêre Diens Lojaliteit | Oostenryk-Hongarye Joego-Slawië | Diens/Tak | Joego-Slawiese Volksweermag | Jare in diens | 1913–1915 1941–1980 | Rang | Maarskalk | Eenheid | Joego-Slawiese Partisane Joego-Slawiese Volksweermag | Oorloë/Veldslae | Eerste Wêreldoorlog Russiese Burgeroorlog Spaanse Burgeroorlog Tweede Wêreldoorlog | Toekennings | Hy is gebore in Kumrovec, Kroasië, toe deel van Oostenryk-Hongarye, as die sewende kind van Franjo en Marija Broz. Sy pa, Franjo Broz, was ’n Kroaat, terwyl sy ma, Marija, ’n Sloween was. Hy word opgeroep in die Oostenrykse-Hongaarse Leër en neem deel aan die Eerste Wêreldoorlog. Ná die oorlog het hy aangesluit by die Kommunistiese Party van Joego-Slawië en betrokke geword by die vakbondbeweging. Na Nazi-Duitsland Joego-Slawië tydens die Tweede Wêreldoorlog ingeval het, het Tito die Joego-Slawiese anti-fascistiese versetbeweging gelei, wat bekend gestaan het as die Joego-Slawiese Partisane. Die Partisane was uiteindelik seëvierend oor beide die Duitsers en die nasionalistiese Serwiese Tsjetniks. Na die oorlog was Joego-Slawië aanvanklik polities 'n bondgenoot van die Sowjetunie, maar in 1948 beëindig Tito sy verhouding met Stalin oor die vraagstuk van ekonomiese onafhanklikheid. Hy was een van die stigterslede van die Beweging van Onverbonde Lande in 1961, saam met Gamal Nasser van Egipte, Jawaharlal Nehru van Indië, Sukarno van Indonesië, en Kwame Nkrumah van Ghana. Hy sterf in 1980 in Ljubljana, drie dae voor sy 88ste verjaarsdag. OorlogsmisdadeWysig Tito en sy handlangers is verantwoordelik vir die dood van honderdduisende - Rooms-Katolieke, Kroate en Duitse burgerlikes en oorlogsgevangenes. President Truman:"I am told that Tito murdered more than 400 000 of the opposition in Yugoslavia before he got himself established there as a dictator".[4] Sien ookWysig VerwysingsWysig - ( Nikolaos A. Stavrou (ed.), Mediterranean Security at the Crossroads: a Reader, bl. 193, Duke University Press, 1999 ) ISBN 0-8223-2459-8 - ( Vjekoslav Perica, Balkan Idols: Religion and Nationalism in Yugoslav States, bl. 103, Oxford University Press US, 2004 ) ISBN 0-19-517429-1 - ( Richard West, Tito and the Rise and Fall of Yugoslavia, bl. 211, Carroll & Graff, 1996 ) ISBN 0-7867-0332-6 - ( ) Woodrow Wilson and Harry Truman: Mission and Power in American Foreign Policy by Anne R. Pierce. bl. 219.
<urn:uuid:e4dda3a3-a3ad-46b4-b211-385b264a6442>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Josip_Broz_Tito
2019-07-21T21:51:30Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527204.71/warc/CC-MAIN-20190721205413-20190721231413-00375.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99885
false
Pakistanse nasionale krieketspan Die Pakistanse nasionale krieketspan, met die byname Shaheens (letterlik: "valke"),[1][2] Green Shirts,[3] Men in Green[4][5] en Cornered Tigers,[6] is die nasionale krieketspan van Pakistan. Krieket in Pakistan word geadministreer en beheer deur die Pakistanse Krieketraad (PCB) en die land is 'n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR). Die span neem deel aan Toetse, EDI en Twintig20 internasionale krieketwedstryde. Tans beklee Pakistan die sewende posisie op die IKR-ranglys vir toetskrieket, en die sesde en eerste posisies vir EDI's en T20's onderskeidelik.[7][8][9] Pakistan | | ---|---| Toetskrieketland sedert | 1952 | Eerste Toets | teen Indië te Feroz Shah Kotla-veld, Delhi, 16–18 Oktober 1952 | Kaptein in Toetse | Sarfraz Ahmed | Kaptein in EDIs | Sarfraz Ahmed | Kaptein in Twintig20 | Sarfraz Ahmed | Afrigter | Mickey Arthur | Plek op IKR Toets-, EDI- en T20I-ranglys | 7de (Toetse) 6de (EDIs) 1ste (T20Is) | Totale toetse - Afgelope jaar | 423 2 | Laaste Toets | teen Suid-Afrika, Wanderersstadion, 11-14 Januarie 2019 | Wen/verloor – Afgelope jaar | 136/128 0/2 | Soos op | 15 Julie 2019 | Inhoud ToetskrieketWysig Pakistan het reeds 423 toetse gespeel, 136 gewen, 128 verloor en 159 keer gelykop. Die span het die derde beste wen-verloor-verhouding in toetskrieket van 1.06 en die vyfde beste algehele wenpersentasie van 32,15%.[10] Pakistan ontvang toetsstatus op 28 Julie 1952 na 'n aanbeveling deur Indië, en maak sy buiging teen Indië op Feroz Shah Kotla-stadion, Delhi, in Oktober 1952 met Indië wat wen met 'n beurt en 70 lopies.[11] Gedurende die 1940's het 'n paar Pakistani-spelers ook toetskrieket vir die Indiese krieketspan gespeel voor die totstandkoming van die staat Pakistan in 1947. Internasionale eendagwedstryde en Twintig20 wedstrydeWysig Pakistan het 823 EDIs gespeel, 438 gewen, 360 verloor, 8 eindig gelykop en 17 met geen uitslag.[12] Pakistan was die Krieketwêreldbeker 1992-kampioene, asook naaswenners in die 1999-toernooi en die huidige Asiatiese kampioene. Pakistan, in samewerking met ander lande in Suid-Asië, het as gasheer vir die 1987- en 1996-toernooie opgetree, met die 1996-eindstryd gehou in die Gaddafistadion in Lahore. Die span het ook in 81 Twintig20 internasionale wedstryde gespeel, die meeste van enige span. Hulle wen 49, verloor 30 en deel 2.[13] Pakistan het die 2009 ICC Wêreldbeker Twintig20 gewen en was die naaswenners in die eerste toernooi in 2007. Hulle was die algehele wenners van die Asiatiese Toetskampioenskap van 1999. RekordsWysig WêreldbekerrekordWysig Jaar | Uitslag | ---|---| 1975 | Groepfase | 1979 | Halfeindrondte | 1983 | Halfeindrondte | 1987 | Halfeindrondte | 1992 | Kampioen | 1996 | Kwarteindrondte | 1999 | Naaswenner | 2003 | Groepfase | 2007 | Groepfase | 2011 | Halfeindrondte | 2015 | Kwarteindrondte | 2019 | Groepfase | 2023 | N.v.t. | Twintig20-rekordWysig Jaar | Uitslag | ---|---| 2007 | Naaswenner | 2009 | Kampioen | 2010 | Halfeindrondte | 2012 | Halfeindrondte | 2014 | Super 10 | 2016 | Super 10 | 2020 | Gekwalifiseer | Kampioenetrofee-rekordWysig Jaar | Uitslag | ---|---| 1998 | Kwarteindrondte | 2000 | Halfeindrondte | 2002 | Groepfase | 2004 | Halfeindrondte | 2006 | Groepfase | 2009 | Halfeindrondte | 2013 | Groepfase | 2017 | Kampioen | Huidige groep van 32Wysig Naam | Oud | Kolfstyl | Boulstyl | Tuisspan | Vorme | Hempnr. | | ---|---|---|---|---|---|---|---| Toets- en EDI-kaptein en middelordekolwer | ||||||| Misbah-ul-Haq | 45 | Regshandig | R-bybreek | SNGPL | Toets, EDI | 22 | | Aanvangskolwers | ||||||| Ahmed Shehzad | 27 | Regshandig | R-bybreek | HBL | Toets, EDI, T20I | 19 | | Nasir Jamshed | 30 | Linkshandig | R-bybreek | HBL | EDI, T20I | 77 | | Khurram Manzoor | 32 | Regshandig | R-bybreek | PIA | Toets, EDI | 91 | | Shan Masood | 29 | Regshandig | R-mediumsnel | HBL | Toets | 49 | | Sharjeel Khan | 29 | Linkshandig | R-bybreek | ZTBL | EDI, T20I | 98 | | Middelordekolwers | ||||||| Azhar Ali | 34 | Regshandig | R-bybreek | KRL | Toets, EDI | 79 | | Mohammad Hafeez1 | 38 | Regshandig | R-wegbreek | SNGPL | EDI, T20I | 8 | | Asad Shafiq | 32 | Regshandig | R-bybreek | Karachi Dolphins | Toets, EDI | 81 | | Sohaib Maqsood | 31 | Regshandig | R-wegbreek | WPDA | EDI, T20I | 92 | | Fawad Alam | 33 | Linkshandig | L-mediumsnel | ZTBL | Toets, EDI | 25 | | Haris Sohail | 30 | Linkshandig | L-mediumsnel | ZTBL | EDI, T20I | 89 | | Paaltjiewagters | ||||||| Kamran Akmal | 37 | Regshandig | – | NBP | EDI, T20I | 23 | | Umar Akmal | 29 | Regshandig | – | SNGPL | EDI, T20I | 3 | | Adnan Akmal | 34 | Regshandig | – | ZTBL | Toets, EDI | 97 | | Sarfraz Ahmed | 32 | Regshandig | – | PIA | Toets, EDI | 54 | | Veelsydig | ||||||| Shahid Afridi | 39 | Regshandig | R-mediumbybreek | HBL | Toets, EDI, T20I | 10 | | Umar Amin | 29 | Linkshandig | R-mediumsnel | NBP | Toets, EDI, T20I | 84 | | Bilawal Bhatti | 27 | Regshandig | R-mediumsnel | SNGPL | EDI, T20I | 80 | | Snelboulers | ||||||| Junaid Khan | 29 | Regshandig | L-Mediumsnel | WAPDA | Toets, EDI T20I | 83 | | Umar Gul | 35 | Regshandig | R-Mediumsnel | HBL | Toets, EDI T20I | 55 | | Mohammad Irfan | 37 | Regshandig | L-snel | KRL | Toets, EDI T20I | 76 | | Mohammad Sami | 38 | Regshandig | R-snel | – | Toets, EDI T20I | || Wahab Riaz | 34 | Regshandig | L-snel | NBP | Toets, EDI T20I | 47 | | Rahat Ali | 30 | Regshandig | L-mediumsnel | KRL | Toets, EDI | 94 | | Anwar Ali | 31 | Regshandig | R-mediumsnel | PIA | EDI, T20I | 48 | | Mohammad Talha | 30 | Regshandig | R-mediumsnel | NBP | Toets, EDI | 99 | | Ehsan Adil | 26 | Regshandig | R-mediumsnel | HBL | Toets, EDI | 66 | | Draaibalboulers | ||||||| Abdur Rehman | 39 | Linkshandig | L-ortodokse draai | HBL | Toets, EDI, T20I | 36 | | Zulfiqar Babar | 40 | Regshandig | L-ortodokse draai | WAPDA | Toets, EDI, T20I | 78 | | Raza Hasan | 27 | Linkshandig | L-ortodokse draai | NBP | T20I | 100 | | Yasir Shah | 33 | Regshandig | R-bybreek | Pakistan Customs | Toets, EDI, T20I | VerwysingsWysig - ( Nadeem, Roha (29 Junie 2017). ) "Mohammad Amir: Pakistan's raging phoenix". Besoek op 8 September 2018. - ( A. Rashid Shaikh (2000). ) The Story of the Pakistan Air Force, 1988–1998: A Battle Against Odds. Shaheen Foundation. ISBN 978-969-8553-00-5. - ( ) "Green shirts reach home, Afridi to stay behind in Dubai". www.pakistantoday.com.pk. Besoek op 16 Julie 2019. - ( ) "Cricket Players Nick Names". crickitter.blogspot.com. Besoek op 16 Julie 2019. - ( ) "When Pakistan's 'Cornered Tigers' Ruled the World". BBC. Besoek op 16 Julie 2019. - ( ) "Cornered tigers roar once again". ESPNcricinfo. 21 Junie 2009. Besoek op 16 Julie 2019. - Men's Test Team Rankings. URL besoek op 15 Julie 2019. - Men's ODI Team Rankings. URL besoek op 15 Julie 2019. - Men's T20I Team Rankings. URL besoek op 15 Julie 2019. - ESPNcricinfo uitslae URL besoek op 15 Julie 2019 - Pakistan toer in Indië 1952–53 (1ste Toets) – CricketArchive. URL besoek op 27 Desember 2013. - Uitslae van alle tye – Internasionale eendagwedstryde – ESPNcricinfo. URL besoek op 23 Maart 2014. - Uitslae van alle tye – Internasionale twintig20's – ESPNcricinfo. URL besoek 23 Maart 2014
<urn:uuid:df18d6e9-3c37-44d5-b49c-4a65f86127ef>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Pakistanse_nasionale_krieketspan
2019-07-21T20:55:43Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527204.71/warc/CC-MAIN-20190721205413-20190721231413-00375.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.990726
false
Quiriguá Quiriguá (Spaans: [kiɾiˈɣwa]) is 'n antieke argeologiese Majaterrein in die department Izabal in die suidooste van Guatemala, net wes van die grens tot Honduras. Quiriguá is sowat 200 km noordoos van die hedendaagse hoofstad Guatemala-stad[1] en 48 km noord van Copán[2] geleë. Dit is 'n middelgroot terrein met 'n oppervlakte van omstreeks 3 km² langs die onderloop van die Motagua-rivier,[3] met die seremoniële sentrum sowat 1 km noord van die noordelike oewer.[4] Tydens die Maja-Klassieke tydperk (200–900 n.C.), was Quiriguá aan verskeie belangrike handelsroetes geleë. Die terrein is vanaf 200 n.C. bewoon, konstruksie aan die Akropolis het om 550 begin, en 'n opdaag van groter konstruksies het in die 8ste eeu verskyn. Al die konstruksie is omtrent 850 gestaak, behalwe vir 'n kort tydperk van herbewoning in die vroeë Ná-Klassiek (c. 900 – c. 1200). Quiriguá deel sy argitektoniese en beeldhoudelike stil met die nabygeleë Klassieke Tydperk-stad Copán, met wie sy geskiedenis dit nou verweef is.[5] Argeologiese Park en ruïnes van Quiriguá* | | ---|---| Unesco-wêrelderfenisgebied | | Groot Plaza van Quiriguá | | Ligging van Quiriguá in Guatemala Koördinate: Koördinate: | | Lande | Guatemala | Tipe | Kultuur | Kriteria | i, ii, iv | Verwysings | 149 | Streek† | Noord-Amerika | Inskripsiegeskiedenis | | Inskripsie | 1981 (7de Sessie) | * Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn. † Streek soos deur Unesco geklassifiseer. | Quiriguá se vinnige uitbreiding in die 8ste eeu is toe met koning K'ak' Tiliw Chan Yopaat se militêre oorwinning oor Copán in 738 verbind. Wanneer die grootste koning van Copán, Uaxaclajuun Ub'aah K'awiil of "18 haas", verslaan is, is hy gevange geneem en aansluitend in die Groot Plaza by Quiriguá geoffer.[7] Voor dit was Quiriguá 'n vasalstaat van Copán, maar het daarna sy onafhanklikheid bereik. Die seremoniële argitektuur van Quiriguá is nogal beskeie, maar die terrein se belangrikheid lê in sy rykdom van beeldhouwerk, insluitendw die hoogste monumentale klip-beeldhouwerk wat ooit in die Nuwe Wêreld opgerig is.[2] Inhoud Bekende leiersWysig Soos aangeteken op hiëroglifiese inskripsies in Quiriguá, is alle datums n.C. Majainskripsies vir leiers sluit soms verwysings na 'n nommer ("hel-nommer" of taal, genoem na die hoof-glief) wat moontlik die posisie van die leier in die volgorde van dinastiese opvolging aan die heerskappy van die terrein is. So 'n hel-nommer vyf dui aan dat die heerser die vyfde in die lyn van dinastiese opvolging was.[8] Naam (of bynaam) | Regeer | Dinastiese opvolging no.[9] | ---|---|---| "Tok Casper" | 426–?[10] | 1 | Tutuum Yohl K'inich | c. 455[10] | ? | "Leier 3" ("Skilpad-skulp") | c. 480[10][11] | ? | "Leier 4" ("Mand-skulp") | ?–?[11] | 3? | Mih Toh | 493–[11] | 4? | K'awiil Yopaat ("Leier 5") | c. 653[11] | ? | K'ak' Tiliw Chan Yopaat ("Cauac hemel" or "Kawak hemel") | 724–785[12] | 14 | "Hemel Xul" | 785 – c. 795[12] | 15 | "Jade-hemel" | c. 800 – c. 810[12] | 17? | VerwysingsWysig - ( Stross, Fred H. (April 1983). “Precise Characterization of Guatemalan Obsidian Sources, and Source Determination of Artifacts from Quirigua”. American Antiquity 48 (2): 333. ) doi:10.2307/280454. - ( Coe, Michael D. (1999). The Maya. Ancient peoples and places series (6de uitg.). London and New York: Thames & Hudson. p. 121. ) ISBN 0-500-28066-5. OCLC 59432778. - ( Ashmore, Wendy (1980). ) "The Classic Maya Settlement at Quirigua: Recent agricultural activities have helped reveal the extent of the buried settlement" (PDF). University of Pennsylvania Museum of Archaeology and Anthropology. p. 24. Besoek op 16 Maart 2015. - ( Miller, Mary Ellen (1999). Maya Art and Architecture. London and New York: Thames & Hudson. p. 49. ) ISBN 0-500-20327-X. OCLC 41659173. - ( Looper, Matthew G. (2003). Lightning Warrior: Maya Art and Kingship at Quirigua. Linda Schele series in Maya and pre-Columbian studies. Austin: University of Texas Press. pp. 122, 140, 146. ) ISBN 0-292-70556-5. OCLC 52208614. - ( Looper, Matthew G. (2003). Lightning Warrior: Maya Art and Kingship at Quirigua. Linda Schele series in Maja and pre-Columbian studies. Austin: University of Texas Press. pp. 4–5, 83. ) ISBN 0-292-70556-5. OCLC 52208614. - ( Jones, Christopher (1983). "Paper No. 13: Monument 26, Quirigua, Guatemala". In Edward M. Schortman and Patricia A. Urban (volume eds.). Quirigua Reports II: Papers 6–15. University Museum monograph, ) no. 49; Quirigua reports, vol. 2. Robert J. Sharer (general ed.) (1st, cloth uitg.). Philadelphia. PA: University of Pennsylvania Museum of Archaeology and Anthropology. p. 122. ISBN 978-0-934718-48-6. OCLC 67294894. - ( Looper, Matthew G. (2003). Lightning Warrior: Maya Art and Kingship at Quirigua. Linda Schele series in Maya and pre-Columbian studies. Austin: University of Texas Press. p. 205. ) ISBN 0-292-70556-5. OCLC 52208614. - ( Martin, Simon; Nikolai Grube (2000). Chronicle of the Maya Kings and Queens: Deciphering the Dynasties of the Ancient Maya. London and New York: Thames & Hudson. p. 216. ) ISBN 0-500-05103-8. OCLC 47358325. - ( Looper, Matthew G. (2003). Lightning Warrior: Maya Art and Kingship at Quirigua. Linda Schele series in Maya and pre-Columbian studies. Austin: University of Texas Press. pp. 205–209. ) ISBN 0-292-70556-5. OCLC 52208614. - ( Martin, Simon; Nikolai Grube (2000). Chronicle of the Maya Kings and Queens: Deciphering the Dynasties of the Ancient Maya. London and New York: Thames & Hudson. p. 218. ) ISBN 0-500-05103-8. OCLC 47358325. Verdere leesstofWysig - ( Ashmore, Wendy (1980). ) "The Classic Maya Settlement at Quirigua: Recent agricultural activities have helped reveal the extent of the buried settlement" (PDF online publication). University of Pennsylvania Museum of Archaeology and Anthropology. Besoek op 2009-08-20. - ( Ashmore, Wendy (January 1984). “Classic Maya Wells at Quirigua, Guatemala: Household Facilities in a Water-Rich Setting”. American Antiquity 49 (1): 147–153. ) doi:10.2307/280519. - ( Ashmore, Wendy (2007). Settlement Archaeology at Quiriguá, Guatemala. University Museum monograph, no. 126; Quirigua Reports, vol. 4. Philadelphia: University of Pennsylvania Museum of Archaeology and Anthropology. ) ISBN 978-1-931707-91-6. OCLC 74460023.
<urn:uuid:b7240603-c454-4d64-9545-74fd458c018c>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Quirigu%C3%A1
2019-07-21T20:58:38Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527204.71/warc/CC-MAIN-20190721205413-20190721231413-00375.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.925591
false
Joy Behar Jump to navigation Jump to search Joy Behar | | Geboortenaam | Josephine Victoria Occhiuto | ---|---| Geboorte | 7 Oktober 1942 | Nasionaliteit | Amerikaans | Kinders | 1 | Beroep(e) | Aktrise en skryfster | Internet-rolprentdatabasis-profiel | Joy Behar (gebore 7 Oktober 1942) is 'n Amerikaanse aktrise en skryfster. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Hiding Out (1987), Manhattan Murder Mystery (1993), Hall Pass (2011), en Ice Age: Continental Drift (2012). Filmografie[wysig | wysig bron] Rolprente[wysig | wysig bron] - 1987: Hiding Out - 1992: Wisecracks - 1993: Manhattan Murder Mystery - 2008: Mr. Laughs: A Look Behind the Curtain - 2011: Hall Pass - 2011: (A)sexual - 2012: Ice Age: Continental Drift - 2012: Occupy Unmasked - 2017: Where Have You Gone, Lou DiMaggio - 2017: Gilbert Televisiereekse[wysig | wysig bron] - 1985: Larry King Live - 1988: Baby Boom - 1989: One Night Stand - 1990: The Rock - 1991: Studio 59 - 1995: Lauren Hutton and... - 1997: The View - 2008: Relative Madness - 2009: The Joy Behar Show - 2012: Joy Behar: Say Anything! - 2016: Crisis in Six Scenes - 2017: The President Show - 2018: Citizen Rose - 2018: The Van Jones Show Televisierolprente[wysig | wysig bron] - 1992: Indecision '92: The Republican National Convention - 2000: The N.Y. Friars Club Roast of Rob Reiner - 2001: The Mark Twain Prize: Celebrating the Humor of Carl Reiner - 2002: Marshall's Women in Comedy Festival - 2003: Uncensored Comedy: That's Not Funny! - 2012: Joy Behar's Comics with Benefits - 2015: Treasures of New York: Friars Club - 2017: Lilly
<urn:uuid:0759da6e-1381-46e2-b3f3-00ab56b721b7>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Joy_Behar
2019-07-21T21:51:01Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527204.71/warc/CC-MAIN-20190721205413-20190721231413-00375.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.690071
false
Sjabloon:Moslemgebruiker in Wikipedia, die vrye ensiklopedie Jump to navigation Jump to search Hierdie gebruiker is 'n Moslem . Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Sjabloon:Moslemgebruiker&oldid=1288764 " Kategorie : Gebruikersjablone Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Sjabloon Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Print/export Download as PDF Gereedskap Skakels hierheen Verwante veranderings Spesiale bladsye Permanente skakel Bladinligting Wikidata-item Ander tale Voeg skakels by Die bladsy is laas op 6 September 2014 om 13:52 bygewerk. Die teks is beskikbaar onder die lisensie Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel . Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting. Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:06527b36-0d3f-46f2-ab5c-66ebb3730a7d>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Sjabloon:Moslemgebruiker
2019-07-21T21:21:37Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527204.71/warc/CC-MAIN-20190721205413-20190721231413-00375.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999277
false
Hulp Bladsye wat na "Henry Fremantle" skakel ← Henry Fremantle Jump to navigation Jump to search Skakels hierheen Bladsy: Naamruimte: alle (Hoof) Bespreking Gebruiker Gebruikerbespreking Wikipedia Wikipediabespreking Lêer Lêerbespreking MediaWiki MediaWikibespreking Sjabloon Sjabloonbespreking Hulp Hulpbespreking Kategorie Kategoriebespreking Portaal Portaalbespreking Module Module talk Gadget Gadget talk Gadget definition Gadget definition talk Omgekeerde seleksie Filters Versteek insluitings | Versteek skakels | Versteek aansture Die volgende bladsye skakel na Henry Fremantle : Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). Gebruiker:Morne ( ← skakels wysig ) Suid-Afrikaanse Kollege ( ← skakels wysig ) Lêer:Prof HES Fremantle.jpg ( ← skakels wysig ) Lêer:Sir Thomas Fremantle.jpg ( ← skakels wysig ) Bespreking:Henry Fremantle ( ← skakels wysig ) Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Henry_Fremantle " Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Gereedskap Spesiale bladsye Drukbare weergawe Ander tale Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:63452a66-6f72-445e-9928-4e926331a1a9>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Henry_Fremantle
2019-07-21T21:22:20Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527204.71/warc/CC-MAIN-20190721205413-20190721231413-00375.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.996112
false
Giora Epstein Giora Epstein / Giora Even | | ---|---| Gebore 1938 | | Giora Even, skets van Jay Ashurst | | Bynaam(e) | Hawkeye | Lojaliteit | Israel | Diens/Tak | Israeliese Lugmag | Jare in diens | 1956–98 | Rang | Aluf Mishne | Ander werk | vlieënier | Kolonel Giora "Hawkeye" Epstein (Hebreeus: גיורא אפשטיין) (gebore 1938) is 'n afgetrede Israel Lugmag kolonel wat volgens beskikbare inligting meer straalvliegtuie afgeskiet het as enige ander vlieënier in die Arabies-Israel konflikte. Epstein het 17 straalvliegtuie, almal Egipties, afgeskiet. Die algemeen aanvaarde wêreldrekord ("ace of aces") vir straalvliegtuig teen straalvliegtuig gevegte is 21, deur Nikolay Sutyagin. Vroeë loopbaan[wysig | wysig bron] Epstein sluit aan by die Israel Weermag in 1956 tydens die Suez-oorlog. Hy word nie toegelaat tot die vliegskool nie, weens 'n hartdefek en word as 'n valskermsoldaat opgelei. Epstein verlaat die weermag in 1959. Twee jaar later doen hy weer aansoek by die vliegskool. Na hy aanvaar is begin hy met vlieënieropleiding. Weens sy besonder goeie sigvermoë word hy die bynaam "Valkoog" gegee. Dit word beweer dat Epstein oor die vermoë beskik het om 'n vliegtuig vier en twintig myl ver te kon waarneem, ongeveer drie keer verder as die gemiddelde vlieënier. Oorwinnings: 1967-1973[wysig | wysig bron] Epstein se eerste vliegtuig skiet hy af op 6 Junie 1967 (gedurende die Sesdag-oorlog), toe hy 'n Egiptiese Soechoi-7 by El Arish afskiet. Gedurende die Uitputtingsoorlog in 1969-1970, skiet Epstein 'n MiG-17, nog 'n Soechoi-7 en twee MiG-21s af. Die res van die vliegtuie wat hy afskiet het was gedurende die 1973 Jom Kipoer-oorlog. Oor die verloop van drie dae (18-20 Oktober 1973), skiet hy 'n Mi-8 helikopter en agt vegvliegtuie: twee Soechoi-7s, twee Soechoi-20s en vier MiG 21s, af. Op 24 Oktober 1973, skiet Epstein nog drie MiG-21s af. Agt van die oorwinnings behaal Epstein agter die kontroles van die Frans vervaardigde Mirage III, 'n delta vlerk vegvliegtuig wat ontwerp is as 'n onderskepvliegtuig. Sy nege ander oorwinnings was in 'n IAI Nesher, 'n Israeli-vervaardigde weergawe van die Mirage V. Latere loopbaan en aftrede[wysig | wysig bron] Na die Yom Kippur-oorlog, ontvang Epstein die Medal of Ideal, een van Israel se hoogste militêre eerbewyse. Hy was later die bevelvoeder van Mirage en Kfir eskaders. Epstein het missies in die F-16 gevlieg tot sy 60ste verjaarsdag. Na sy aftrede by die Israel Lugmag het hy as vlieënier vir die El-Al lugdiens gewerk.
<urn:uuid:17b6916c-52ce-47ea-8ae0-8307870cfecf>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Giora_Epstein
2019-07-23T03:09:28Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528687.63/warc/CC-MAIN-20190723022935-20190723044935-00535.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999987
false
Hazel Dawn Jump to navigation Jump to search Hazel Dawn | | Geboorte | 23 Maart 1891 | ---|---| Nasionaliteit | Amerikaans | Sterfte | 23 Augustus 1988 (op 97) | Kinders | 2 | Beroep(e) | Aktrise | Internet-rolprentdatabasis-profiel | Hazel Dawn (23 Maart 1891 – 23 Augustus 1988) was 'n Amerikaanse aktrise. Sy was bekend vir haar rolle in die rolprente One of Our Girls (1914), The Heart of Jennifer (1915), Niobe (1915), en My Lady Incog. (1916). Filmografie[wysig | wysig bron] Rolprente[wysig | wysig bron] - 1914: One of Our Girls - 1915: The Heart of Jennifer - 1915: Niobe - 1915: The Fatal Card - 1915: Gambier's Advocate - 1915: The Masqueraders - 1916: My Lady Incog. - 1916: The Feud Girl - 1916: The Saleslady - 1916: Under Cover - 1917: The Lone Wolf - 1921: Devotion
<urn:uuid:5c702c16-9859-4a81-9b6d-6022a4c4dfeb>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Hazel_Dawn
2019-07-16T22:42:59Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00319.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.967093
false
Suid-Afrika is een van die mees etnies diverse lande in Afrika. Die land het meer Europese immigrante ontvang as enige ander land in Afrika en het die hoogste bevolking van Europese, Indiese en gemengde afkoms. Rasse- en etniese stryd was nog altyd 'n groot deel van die geskiedenis en politiek van die land. 'n Ander belangrike faktor in die ontwikkeling van die land is die ryk mineraalbronne waaroor die land beskik. Die land se ekonomie is een van die grootste en mees ontwikkelde in die kontinent met moderne infrastruktuur in die hele land. Die Krugerrand is 'n Suid-Afrikaanse goudmuntstuk wat in die jaar 1967 vir die eerste keer uitgereik is en veral daarop gemik was om Suid-Afrikaanse goud in die buiteland te bemark. Die Krugerrand is 'n wettige betaalmiddel in Suid-Afrika, alhoewel dit nie werklik as 'n geldeenheid bedoel was nie. Die goudmunt se naam is afgelei van die portret van Paul Kruger, president van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR), op die voorkant, terwyl 'n springbok, een van Suid-Afrika se nasionale simbole, op die agterkant pryk. Die naam "Suid-Afrika" en die goudinhoud word in albei belangrike landstale, Afrikaans en Engels, aangedui. Die Krugerrand was die eerste staafgoudmunt wat teen die markwaarde van sy goudinhoud gehandel is. By ander, ouer goudmunte soos die BritseGold Sovereign is die waarde wat hulle as betaalmiddel het, op die voorkant ingegraveer, en dit kon aansienlik verskil van die waarde van hulle goudinhoud. Van Riebeeck word groot in Schiedam as die seun van 'n dokter en trou daar met Maria de la Quellerie op 28 Maart1649. Sy sterf in Malakka op 11 Februarie1665. Van Riebeeck vul al vanaf 1639 'n aantal poste by die VOC: eerste vertoef hy in Batavia as dokters-assistent, waarna hy Japan besoek. Sy belangrikste pos was as hoof van die handelspos in Tonkin, Viëtnam, maar hy word teruggeroep nadat dit aan die lig kom dat hy homself aan private handel skuldig gemaak het. In 1651 word hy uitgestuur om 'n verversingstasie in te rig by die Kaap die Goeie Hoop aan die suidpunt van Afrika.
<urn:uuid:99a1248b-a0d3-4f75-9008-1388f30f8523>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Portaal:Suid-Afrika
2019-07-16T23:22:48Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00319.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999946
false
Hulp Bladsye wat na "Albulidae" skakel ← Albulidae Jump to navigation Jump to search Skakels hierheen Bladsy: Naamruimte: alle (Hoof) Bespreking Gebruiker Gebruikerbespreking Wikipedia Wikipediabespreking Lêer Lêerbespreking MediaWiki MediaWikibespreking Sjabloon Sjabloonbespreking Hulp Hulpbespreking Kategorie Kategoriebespreking Portaal Portaalbespreking Module Module talk Gadget Gadget talk Gadget definition Gadget definition talk Omgekeerde seleksie Filters Versteek insluitings | Versteek skakels | Versteek aansture Die volgende bladsye skakel na Albulidae : Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). Beenvis ( ← skakels wysig ) Lys van visfamilies ( ← skakels wysig ) Langvin-beenvis ( ← skakels wysig ) Pterothrissus ( ← skakels wysig ) Albuliformes ( ← skakels wysig ) Elopomorpha ( ← skakels wysig ) Gebruiker:Legobot/Wikidata/nlwiki ( ← skakels wysig ) Gebruiker:Legobot/Wikidata/frwiki ( ← skakels wysig ) Bespreking:Albulidae ( ← skakels wysig ) Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Albulidae " Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Gereedskap Spesiale bladsye Drukbare weergawe Ander tale Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:01c392e9-a8ed-495a-9a68-462f7a649379>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Albulidae
2019-07-16T23:30:53Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00319.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.996651
false
Hulp Bladsye wat na "Seth MacFarlane" skakel ← Seth MacFarlane Jump to navigation Jump to search Skakels hierheen Bladsy: Naamruimte: alle (Hoof) Bespreking Gebruiker Gebruikerbespreking Wikipedia Wikipediabespreking Lêer Lêerbespreking MediaWiki MediaWikibespreking Sjabloon Sjabloonbespreking Hulp Hulpbespreking Kategorie Kategoriebespreking Portaal Portaalbespreking Module Module talk Gadget Gadget talk Gadget definition Gadget definition talk Omgekeerde seleksie Filters Versteek insluitings | Versteek skakels | Versteek aansture Die volgende bladsye skakel na Seth MacFarlane : Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). 85ste Oscar-toekenningsaand ( ← skakels wysig ) Bespreking:Seth MacFarlane ( ← skakels wysig ) Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Seth_MacFarlane " Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Gereedskap Spesiale bladsye Drukbare weergawe Ander tale Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:69ad0f23-4664-4002-8e5e-82ee1c3b0635>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Seth_MacFarlane
2019-07-16T22:58:56Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00319.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.993949
false
Dontsapas Jump to navigation Jump to search Dontsapas | | Koördinate: Koördinate: | | ---|---| Ligging | Tussen Stutterheim en Keiskammahoek | Maksimumhelling | 1:12 | Hoogte | 1 088 m | Oppervlak | gruis | Voltooi in | middel 1800's | In | Amatolaberge | Pad | R352 | Dontsapas is 'n bergpas wat in die Amatholeberge op die R352-grondpad suidwes van Stutterheim op die pad na Keiskammahoek lê. Die pas is in die middel van die 19de eeu gebou, bereik 'n helling van 1:12 en het sy hoogste punt op 1 088 m bo seevlak.
<urn:uuid:1f9b3f0a-d279-4054-9e86-49ef835ba24b>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Dontsapas
2019-07-19T10:25:48Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00079.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.997285
false
Kategorie:Liedartikels sonder liedskrywers Hierdie is 'n versteekte kategorie Dit kategoriseer bladsye vir administratiewe doeleindes. Dit vorm nie deel van die ensiklopedie nie. | This category is for articles about songs where the article is missing the songwriters, because it has not been researched, noted in the relevant article, or available in a reliable source. If the songwriter is never likely to be known (e.g. for historical works), please use Category:Songwriter unknown. Hierdie kategorie bevat geen bladsye of media nie.
<urn:uuid:5d97077e-2542-466d-806b-9155fef4374a>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Liedartikels_sonder_liedskrywers?from=Iw
2019-07-19T11:06:21Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00079.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.909397
false
water (vervoeging) Jump to navigation Jump to search Inhoud - 1 Afrikaans (af) Vorme (onoorganklik) water | Teenwoordige Deelwoord | waterend(e) | Verlede Deelwoord | gewater | Positief | water | Negatief | moenie water nie | Aantonende Wys | Aanvoegende Wys | ||| ek | water | kon | ek | maar water | jy (beleef:) u | water | kon | jy (beleef:) u | maar water | hy, sy, dit | water | kon | hy, sy, dit | maar water | ons | water | kon | ons | maar water | julle | water | kon | julle | maar water | hulle | water | kon | hulle | maar water | Aantonende Wys | Aanvoegende Wys | ||| ek | het gewater | kon | ek | maar gewater het | jy (beleef:) u | het gewater | kon | jy (beleef:) u | maar gewater het | hy, sy, dit | het gewater | kon | hy, sy, dit | maar gewater het | ons | het gewater | kon | ons | maar gewater het | julle | het gewater | kon | julle | maar gewater het | hulle | het gewater | kon | hulle | maar gewater het | Aantonende Wys | | ek | sal water | jy (beleef:) u | sal water | hy, sy, dit | sal water | ons | sal water | julle | sal water | hulle | sal water | Aantonende Wys | | ek | sou water | jy (beleef:) u | sou water | hy, sy, dit | sou water | ons | sou water | julle | sou water | hulle | sou water | Aantonende Wys | | ek | sal gewater het | jy (beleef:) u | sal gewater het | hy, sy, dit | sal gewater het | ons | sal gewater het | julle | sal gewater het | hulle | sal gewater het | Aantonende Wys | | ek | sou gewater het | jy (beleef:) u | sou gewater het | hy, sy, dit | sou gewater het | ons | sou gewater het | julle | sou gewater het | hulle | sou gewater het |
<urn:uuid:5ab67ce1-8fe3-43cb-849f-3743b16bea74>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wiktionary.org/wiki/water_(vervoeging)
2019-07-23T02:32:26Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528687.63/warc/CC-MAIN-20190723022935-20190723044935-00559.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999677
false
Kategorie:Liedartikels sonder liedskrywers Hierdie is 'n versteekte kategorie Dit kategoriseer bladsye vir administratiewe doeleindes. Dit vorm nie deel van die ensiklopedie nie. | This category is for articles about songs where the article is missing the songwriters, because it has not been researched, noted in the relevant article, or available in a reliable source. If the songwriter is never likely to be known (e.g. for historical works), please use Category:Songwriter unknown. Hierdie kategorie bevat geen bladsye of media nie.
<urn:uuid:eded11d3-a589-42ee-819b-619f4b89b087>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Liedartikels_sonder_liedskrywers?from=Rh
2019-07-16T22:53:15Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00343.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.909397
false
Kweekhuisgas Kweekhuisgasse is gasse in die Aarde se atmosfeer wat radiasie in die termiese infrarooi band absorbeer en uitstraal. Hierdie proses is die fundamentele oorsaak van die kweekhuiseffek.[1] Die vernaamste kweekhuisgasse in die Aarde se atmosfeer is waterdamp, koolstofdioksied, metaan, laggas en osoon. In die sonnestelsel bevat die atmosfere van Venus, Mars en Titaan ook gasse wat die kweekhuiseffek veroorsaak. Kweekhuisgasse het 'n geweldige invloed op die temperatuur van die Aarde se atmosfeer; sonder hierdie gasse sal die Aarde se oppervlakte gemiddeld 33°C kouer wees.[2][3][4][5] Bronne[wysig | wysig bron] - "IPCC AR4 SYR Appendix Glossary" (PDF). Besoek op 14 Desember 2008. - Note that the Greenhouse Effect produces a temperature increase of about 33 °C (59 °F) with respect to black body predictions and not a surface temperature of 33 °C (91 °F) which is 32 °F higher. The average surface temperature is about 14 °C (57 °F). Also note that both the Celsius and Fahrenheit temperatures are expressed to 2 significant figures even though the conversion formula produces 3. - Karl TR, Trenberth KE (2003). “Modern Global Climate Change”. Science 302 (5651): 1719–23. doi:10.1126/science.1090228. - Le Treut H, Somerville R, Cubasch U, Ding Y, Mauritzen C, Mokssit A, Peterson T and Prather M (2007). Historical Overview of Climate Change Science In: Climate Change 2007: The Physical Science Basis. Contribution of Working Group I to the Fourth Assessment Report of the Intergovernmental Panel on Climate Change (Solomon S, Qin D, Manning M, Chen Z, Marquis M, Averyt KB, Tignor M and Miller HL, editors) (PDF). Cambridge University Press. Besoek op 14 Desember 2008. - NASA Science Mission Directorate article on the water cycle - Frequently Asked Global Change Questions, Carbon Dioxide Information Analysis Center
<urn:uuid:300e0968-fe9b-443f-ac51-12739612ac81>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kweekhuisgas
2019-07-16T23:13:16Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00343.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.814671
false
Togo Nasionale leuse: Travail, Liberté, Patrie[1] (Frans vir: "Werk, Vryheid, Vaderland") | ||||| Volkslied: Salut à toi, pays de nos aïeux (Frans vir: "Hael aan jou, land van ons voorvaders") | ||||| Hoofstad | Lomé Grootste stad | Lomé | |||| Amptelike tale | Frans | |||| Regering | Unitêre dominant-party presidensiële republiek Faure Gnassingbé Komi Sélom Klassou | |||| Onafhanklikheid • van Frankryk 27 April 1960 | |||| Oppervlakte - Totaal - Water (%) | 56 785 km2 (123ste) 21 925 myl2 4,2 | |||| Bevolking - 2018-skatting - 2010-sensus - Digtheid | 8 176 449[2] (99ste) 6 337 000 125,9 / km2 (93ste) 326,1 / myl2 | |||| BBP (KKP) - Totaal - Per capita | 2019-skatting | |||| BBP (nominaal) - Totaal - Per capita | 2019-skatting | |||| MOI (2017) | 0,503[4] (165ste) – laag | |||| Gini (2015) | 43,1[5] – hoog | |||| Geldeenheid | CFA-frank (XOF ) Tydsone - Somertyd | GMT (UTC±0) nie toegepas nie (UTC±0) | |||| Internet-TLD | .tg | |||| Skakelkode | +228 | |||| Skattings vir hierdie land reken die effek van sterftes as gevolg van vigs in; dit kan lei tot laer lewensverwagting, hoër en sterftesyfers en veranderinge in die verspreiding van die bevolking volgens ouderdom en geslag as wat normaalweg verwag sou kon word. | Togo (Frans: [tɔˈgo], ), amptelik die Togolese Republiek (République togolaise), is 'n land in Wes-Afrika, wat grens aan Ghana in die weste, Benin in die ooste en Burkina Faso in die noorde. In die suide het dit 'n kort kus aan die Bog van Benin en die Golf van Guinee waar die hoofstad en grootste stad Lomé geleë is. Togo beslaan 'n oppervlakte van 56 785 km² en het 'n bevolking van 8 176 449 in 2018 gehad. Togo was van 1884 tot 1916 'n Duitse kolonie, aansluitend was dit 'n mandaat van die Volkebond en later van die Verenigde Nasies onder Franse gesag. Op 27 April 1960 het Togo van Frankryk onafhanklik geword. President Gnassingbé Eyadéma het dié land tussen 1967 en 2005 outokraties regeer.[6] Na sy dood is sy seun Faure Gnassingbé deur die weermag tot president benoem, hoewel dit as ongrondwetlik beskou word. Tale[wysig | wysig bron] Die amptelike taal en ook die taal van die handel is Frans. In die suide word Ewe en Gen gepraat, in die noorde Kabiyé en Kotokoli. Ander tale sluit in Fula, Hausa en Joroeba. Etniese minderhede sluit in Hausa en Joroeba. Verwysings[wysig | wysig bron] - ( ) "Constitution of Togo". 2002. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Februarie 2012. Besoek op 20 November 2011. - ( ) "Togo". CIA World Factbook. Central Intelligence Agency. Besoek op 20 Januarie 2019. - ( ) "Togo". Internasionale Monetêre Fonds. Besoek op 20 Januarie 2019. - ( ) "2018 Human Development Report" (PDF). United Nations Development Programme. 2018. Besoek op 20 Januarie 2019. - ( ) "Togo". Wêreldbank. Besoek op 20 Januarie 2019. - ( ) "Obituary: Gnassingbe Eyadema". BBC. 5 Februarie 2005. Besoek op 20 Januarie 2019.
<urn:uuid:75dd2fbe-a0ca-4e5c-a8d5-d8995424393b>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Togo
2019-07-16T23:28:41Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00343.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999313
false
Belsen Belsen (ook Bergen-Belsen) was 'n Nazi-konsentrasiekamp in die noorde van Duitsland gedurende die Tweede Wêreldoorlog. Duisende mense, veral Jode en Sowjet-soldate, het in Belsen gesterf.[1] Die kamp was suidwes van die dorp Bergen, naby Celle in die hedendaagse Nedersakse geleë. Dit was een van die grootste konsentrasiekampe in Duitsland. Die kamp is oorspronklik gestig om krygsgevangenes te huisves. In 1943 is dele daarvan in 'n konsentrasiekamp omskep. Die aanvanklike doel was om Jode aan te hou wat later vir Duitse krygsgevangenes uitgeruil kon word.[2] Vandag is daar 'n gedenkteken met 'n uitstalruimte op die terrein. Verwysings[wysig | wysig bron] - HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8 - Shephard, Ben (2006). After daybreak : the liberation of Belsen, 1945. London: Pimlico. ISBN 978-1-84413-540-0. - Oppenheimer, Paul (1996). From Belsen to Buckingham Palace. Nottingham: Quill Press. ISBN 0-9536280-3-5. - "Bergen-Belsen", United States Holocaust Memorial Museum. - "The 11th Armoured Division (Great Britain)", United States Holocaust Memorial Museum.
<urn:uuid:2ff1daf0-0757-425d-8439-aaf2d5294345>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Belsen
2019-07-19T10:46:28Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00103.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.995111
false
Dean Fredericks Dean Fredericks | | Geboortenaam | Frederick Joseph Foote | ---|---| Geboorte | 21 Januarie 1924 | Nasionaliteit | Amerikaans | Sterfte | 30 Junie 1999 (op 75) | Beroep(e) | Akteur | Internet-rolprentdatabasis-profiel | Dean Fredericks (21 Januarie 1924 – 30 Junie 1999) was 'n Amerikaanse akteur. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente The Lone Ranger and the Lost City of Gold (1958) en The Phantom Planet (1961), en in die televisiereekse Jungle Jim (1955) en Steve Canyon (1958). Filmografie[wysig | wysig bron] Rolprente[wysig | wysig bron] - 1958: The Lone Ranger and the Lost City of Gold - 1961: The Phantom Planet - 1962: Wild Harvest Televisiereekse[wysig | wysig bron] - 1955: Jungle Jim - 1958: Steve Canyon
<urn:uuid:5ec30d3c-a6bf-48f7-8f4c-93b3260add02>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Dean_Fredericks
2019-07-19T10:44:00Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00103.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.994382
false
Lys van Oseaniese atletiekrekords Jump to navigation Jump to search Mans (opelug)[wysig | wysig bron] Tabel met Oseaniese atletiekrekords vir mans: Vroue (opelug)[wysig | wysig bron] Tabel met Oseaniese atletiekrekords vir vroue:
<urn:uuid:0859c243-c943-4780-afa0-219a14897ee9>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Lys_van_Oseaniese_atletiekrekords
2019-07-19T10:37:49Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00103.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999739
false
Boekbronne Jump to navigation Jump to search Biblioteke Suid-Afrika: - Soek die boek in die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika se katalogus - Soek die boek in die SEALS Konsortium se biblioteek - Soek die boek in die Universiteit van Suid-Afrika se biblioteek - Soek die boek in die Universiteit van die Witwatersrand se biblioteek - Soek die boek in die Kaapse Hoër Onderwys Konsortium se biblioteek Wêreldwyd: - Soek die boek deur WorldCat in jou plaaslike biblioteek se katalogus Boekwinkels Suid-Afrika: Ander lande:
<urn:uuid:e1139622-ec16-483e-a077-f43ccf3b0c46>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Boekbronne/0798108282
2019-07-19T10:54:59Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00103.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999935
false
Standbeeld 'n Standbeeld is 'n beeld ter ere van, of ter nagedagtenis aan, iets of iemand wat in die openbaar opgerig word. Standbeelde kan van natuursteen, brons, hout of ander materiale gemaak word. Dit word dikwels op 'n voetstuk gemonteer. Historiese of belangrike figure word meestal in 'n standbeeld verewig. Belangrike gebeurtenisse word ook soms in 'n standbeeld vasgevang om dit te laat bly voortleef. VoorbeeldeWysig - Krugerstandbeeld, standbeeld van Paul Kruger in Pretoria.
<urn:uuid:20a2a9a8-bcc7-4a17-9c50-5a5ed10631b1>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Standbeeld
2019-07-21T21:42:24Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527204.71/warc/CC-MAIN-20190721205413-20190721231413-00423.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999701
false
Suid-Afrikaanse Leër Suid-Afrikaanse Leër | | ---|---| Gestig | 1912 | Land | Suid-Afrika | Onderdeel van | Suid-Afrikaanse Weermag | Tipe | Leër | Hoofkwartier | Pretoria, Gauteng, Suid-Afrika | Aantal lede | 40 121 aktiewe personeel 12 300 reserwe personeel | Veldslae | Eerste Wêreldoorlog Tweede Wêreldoorlog Suid-Afrikaanse Grensoorlog | Suid-Afrikaanse militêre tradisies het ontwikkel uit die grensoorloë wat deur kommandomagte geveg is, omdat die Afrikaners nie vertroue in staande weermagte gehad het nie. Nadat die Unie van Suid-Afrika in 1910 gevorm is, het generaal Jan Smuts, Suid-Afrika se eerste minister van Verdediging, 'n hoë prioriteit geplaas op die skep van 'n verenigde militêre mag uit die vier aparte weermagte van die provinsies. Dit het gelei tot die skepping van die Unie Verdedigingsmag. Die moderne Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is saamgestel uit professionele soldate van alle rasse. Die Suid-Afrikaanse weermag is tans getaak met vredesoperasies van die Verenigde Nasies en die Afrika-unie in lande soos Burundi en die Demokratiese Republiek van die Kongo.
<urn:uuid:f5cff7f2-af5a-4860-8b4a-85eb86eb2f37>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Suid-Afrikaanse_Le%C3%ABr
2019-07-21T22:02:59Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527204.71/warc/CC-MAIN-20190721205413-20190721231413-00423.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99985
false
Birmingham - Hierdie artikel handel oor die stad in Engeland. Sien gerus Birmingham (dubbelsinnig) vir ander gebruike van die term. Birmingham is 'n stad en 'n metropolitaanse gebied (borough) in die westelike Middelland van Engeland.[1] Birmingham is die naasgrootste stad in die Verenigde Koninkryk en was voorheen ’n vuil nywerheidstad, maar is deesdae ook ’n sentrum vir kuns en klassieke musiek. Histories was dit een van die vernaamste spilpunte van die Industriële Rewolusie in Groot-Brittanje gewees. Birmingham | ||| Leuse: Forward ( ) (Vorentoe) | Ligging van Birmingham in Engeland | ||| Staat | Verenigde Koninkryk | || ---|---|---|---| Land | Engeland | || Graafskap | Wes-Midlands | || Gestig | 7de eeu | || Regering | ||| - Burgemeesteres (Lord Mayor) | Anne Underwood | || Oppervlakte | ||| - Totaal | 103,4 myl² (267,77 km²) | || Bevolking (2017) | ||| - Totaal | 1 137 100 | || - Digtheid | 10 997,1/myl²;(4 246/km²) | || Poskode | B | || Areakode(s) | 0121 | || Webwerf: www.birmingham.gov.uk | Die stad is in die verlede ook die "wêreld se werkwinkel" en "die stad van 'n duisend ambagte" genoem. Birmingham het van 'n onbenullige nedersetting, waarvan die waarde in Willem die Veroweraar se Domesday Book van 1086 op slegs £1 beraam is, tot die tweede belangrikste stad in die Britse Ryk met 'n bevolking van meer as een miljoen gegroei. Die merkwaardige ekonomiese ontwikkeling het in 1154 begin toe die status van markdorp aan Peter de Birmingham se klein nedersetting toegeken is. Die sentrale markplein, die driehoekige Bull Ring, met die St. Martins-parogiekerk in sy middel, het vervolgens tot 'n beduidende handelsplek ontwikkel. In die 18de eeu het Birmingham reeds by Coventry verbygesteek om die grootste nedersetting in Warwickshire te word. Dit was mans soos James Watt, Matthew Boulton, Joseph Priestley en William Murdock wat van Birmingham een van die eerste nywerheidstede in Groot-Brittanje sou maak. Plaaslik vervaardigde goedere is na alle wêrelddele uitgevoer. In die middel van die 19de eeu het Birmingham nog eens 'n baanbrekersrol in 'n verskeidenheid velde soos politieke hervorming, opvoeding en munisipale administrasie gespeel. In die 20ste eeu het Birmingham teenspoed begin ervaar. Groot dele van die middestad is in die Tweede Wêreldoorlog deur Duitse bomme vernietig, terwyl die stad ná 1945 'n simbool van mislukte stadsbeplanning geword het. Die motorbedryf het in die 1960's en 1970's van Birmingham 'n soort "Britse Detroit" gemaak en tienduisende werkgeleenthede geskep, maar dit is uiteindelik deur strydlustige vakbondleiers en onbekwame bestuurders vernietig. Dit was die beginpunt van 'n tydperk van deïndustrialisasie wat baie inwoners werkloos gelaat het. Toe die Britse motorbedryf 'n nuwe groeifase begin beleef het, kon Birmingham nie meer voordeel daaruit trek nie. Birmingham het baie pogings onderneem om sy handels- en toerismebedryf te ontwikkel, en al was hulle suksesvol, was groei in hierdie sektore nie naastenby groot genoeg om vir die verlies aan industriële werkgeleenthede te vergoed nie. Volgens skattings het 61 000 werkgeleenthede tussen 1998 en 2008 in die privaat sektor verlore gegaan.[2] Die huidige City of Birmingham is die tweede grootste stad in die Verenigde Koninkryk ná die hoofstad Londen met 'n bevolking van 1 137 100 (skatting teen middel 2017) en kernstad van die land se tweede grootste metropolitaanse gebied met 3,7 miljoen inwoners. Birmingham maak daarnaas deel uit van die West Midlands-agglomerasie (West Midlands conurbation) met 2 284 093 inwoners (volgens die sensus van 2001) wat naas twee stede (Birmingham en Wolverhampton) 'n aantal groot nedersettings in die omgewing soos Solihull en Wolverhampton asook die nedersettings van die Black Country insluit. Birmingham is 'n multikulturele stad, en sowat dertig persent van sy inwoners is van nie-blanke afkoms. Volgens die sensus van 2001 is 70,4 persent van die bevolking blankes (waarvan 3,2 persent Iere), 19,5 persent Asiërs of Asiatiese Britte, 6,1 persent Swartes of Britse Swartes, 0,5 persent Sjinese en 3,5 persent van gemengde of ander herkoms. VerwysingsWysig - HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8 - Birmingham – Second city, second class. In: The Economist, 10 November 2012
<urn:uuid:8ffa465e-fc70-4d75-b139-e87a261f636d>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Birmingham
2019-07-23T05:40:45Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00023.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999715
false
NG gemeente Durbanville Inhoud Ontstaan[wysig | wysig bron] In 1824 het 'n aantal besitters van plase aan en naby die Tygerberg, wat lang reise na die kerke van Kaapstad, Swartland en Stellenbosch moes aflê, 'n versoekskrif aan goewerneur lord Charles Somerset gerig ten einde 'n kerk te vra aan die uitspanning Pampoenkraal, wat geleë was aan die hoofweg na die binneland. Die versoek is toegestaan en op 1 April 1825 is die hoeksteen van die kerkgebou op Pampoenkraal gelê. Op 6 Augustus 1826 is die inwydingsrede deur ds. J.C. Berrangé, Kaapstadse predikant, waargeneem. Op 26 Mei 1828 is ds. James Edgar, een van die Skotse predikante wat in die 19de eeu na Suid-Afrika gekom het om die tekort aan leraars in die NG Kerk te verlig, as eerste leraar van wat toe as die gemeente Tijgerberg bekend gestaan het, teen 'n salaris van 200 pond per jaar aangestel. Hy het gebots met die kerkraad omdat hier nie 'n pastorie was nie en hy dus sy eie huishuur moes betaal en hy het ook moeilikheid met die koster en voorleser, H.F. Mellet, gehad en boonop kon die gemeentelede nie ds. Edgar se Hollands verstaan nie. Hy het dus die gemeente ná net twee jaar verlaat. Tweede leraar[wysig | wysig bron] Die gemeente bly vier jaar lank herderloos met oudl. Marthinus Laurentius Neethling wat feitlik as predikant optree. 'n Ringmuur, wat vandag nog staan, is in 1833 voltooi om te verhoed dat waens teen die kerkgebou uitspan. In 1834 is ds. J.J. Beck as leraar bevestig. Die dorpie was toe nog Pampoenkraal, maar volgens 'n skrywe aan sir Benjamin D'Urban, goewerneur, sou die dorpie van 30 Augustus 1834 as D'Urban bekend staan ter ere van die geliefde goewerneur. Beck het die gemeente 'n volle 52 jaar lank bedien, waartydens hy 'n uitval gehad het met die boere van Philadelphia, toe hulle 'n eie gemeente in 1863 afstig, en met die ring en sinode omdat hy geweier het om sittings van die liggame by te woon. Nietemin was hy bemind onder die lidmate. Ds. Lückhoff[wysig | wysig bron] Sy opvolger was ds. A.D. Lückhoff in 1886. Gedurende sy dienstydperk is die kerkgebou vergroot en die plek se naam na Durbanville verander om verwarring met die stad in die indertydse Natal te vermy. In 1903 is die gemeente Kuilsrivier afgestig. Lückhoff het in 1904 afgetree. Afstigtings[wysig | wysig bron] Ds. D. Bosman is bevestig in September 1904, die jaar nadat die NG gemeente Kuilsrivier afgestig het, en in 1926 is die gemeente se honderdjarige bestaan plegtig gevier. In 1917 is die gemeente Parow-Goodwood afgestig en Bellville in 1934. In 1944 het Kraaifontein gevolg. Op 18 en 19 Augustus 1951 het die gemeente sy 125-jarige bestaan gevier en ook 'n nuwe kerksaal ingewy. 1863: Philidelphia 1903: Kuilsrivier 1917: Parow-Goodwood 1934: Bellville 1944: Kruispad (Kraaifontein en Brackenfell) 1947: Sonnekus (Milnerton) 1971: Stellenberg 1982: Bergsig Hede[wysig | wysig bron] Durbanville is jare lank reeds een van die snelontwikkelendste stadsgebiede in die Kaapse Skiereiland. In 1989 was die volwasse lidmaattal van die gemeente 2 880, met die dogtergemeente Durbanville-Bergsig (1982) s'n 1 008. Kenridge (1981) (nog 'n afstigting) se volwasse lidmaattal was toe 1 670 en Sonstraal (1987) 890. Teen 2012 was die getalle: Durbanville 2 964 (2006: 3 004), Durbanville-Bergsig 3 457 (2006: 3 245), Kenridge 3 169 (2006: 3 002) en Sonstraal 3 367 (2006: 3 104). Die vier gemeentes se totaal het dus binne 23 jaar met 6 509 van 6 448 meer as verdubbel tot 12 957, terwyl die NG Kerk as geheel se volwasse lidmaattal van 958 736 tot 826 839 (2006: 889 777) afgeneem het. Gemeente | 1989 | 2006 | 2012 | 2014 | ---|---|---|---|---| Durbanville | 2 880 | 3 004 | 2 964 | 2 234 | Durbanville-Bergsig | 1 008 | 3 245 | 3 457 | 3 501 | Kenrigde | 1 670 | 3 002 | 3 169 | 3 404 | Sonstraal | 890 | 3 104 | 3 367 | 3 811 | Totaal | 6 448 | 12 355 | 12 957 | 12 950 | Enkele leraars[wysig | wysig bron] - John Edgar 1818 - 1930 - Johannes Jacobus Beck, 1834 - 10 Julie 1886 (oorlede in die amp) - August Daniel Lückhoff 1886 - 1904 - Daniel Bosman, 1904 - 1928 - Petrus Jacobus van der Merwe, 1926 - 1941 (emeriteer) - Stephanus Salomon Weyers, 1942 - 1948 - Hendrik Vrede van Huyssteen, 1942 - 1944 - Josua Joubert de Villiers, 1944 - 1967 - Elias Jacobus Matthee, 1948 - 1956 - H.J. van Rooyen 1952 - 1962 - Johannes Mattheus Delport, 1963 - 1969 - Fredrick Johannes Conradie, 1969 - 1973
<urn:uuid:14528cc6-de58-4efa-8404-9bbc4f88e12c>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/NG_gemeente_Durbanville
2019-07-23T06:00:19Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00023.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999943
false
Susan Coetzer Susan Coetzer | | Geboorte | 25 Augustus 19** Kaapstad | ---|---| Nasionaliteit | Suid-Afrika | Beroep(e) | Aktrise, skilder, skrywer, joernalis | Toekennings | Vier Vita-toekennings & 'n Artes-toekenning | Inhoud Lewe en werk[wysig | wysig bron] Susan Coetzer is op 25 Augustus in Kaapstad gebore. Sy word groot in die omliggende streke, van die Swartland tot die Kaapse Weskus tot by Mosselbaai en Port Elizabeth. In haar standerd ses jaar skei haar ouers en verhuis sy saam met haar ma na Kaapstad, waar haar ma spoedig weer trou. In standerd agt kom sy tot bekering. Na skool volg sy ’n dramakursus en is as aktrise betrokke by verskeie belangrike teater- en televisieproduksies, waarvoor sy verskeie Vita en Artes-toekennings ontvang. Sy speel onder andere in die opvoerings van Diepe grond van Reza de Wet,[1] Panorama van Pieter-Dirk Uys, Sakeman van Venesië van Shakespeare (waarvoor sy in 1991 benoem word vir die Esther Roos-toekenning vir beste aktrise in ’n ondersteunende rol in Afrikaans) en die verhoogverwerking van Marita van der Vyver se Griet skryf ’n sprokie. Op televisie vertolk sy hoofrolle in onder andere Meester en Daisy de Melker, terwyl sy ook in rolprente soos City of blood, Kin en Jobman speel. Sy is reeds twee kere getroud en geskei wanneer sy met die akteur Frank Opperman trou. Hulle het ’n seun, Frankie. Na haar egskeiding met Opperman wil sy nie hê dat haar kind onder die ontwrigtende lewe van ’n aktrise, wat gereeld van die huis af weg is, moet ly nie.[2] Sy aanvaar derhalwe ’n pos as joernalis by Rooi Rose, wat sy vir drie jaar lank beklee. In 1999 trou sy met die sanger en akteur Philip Moolman. Die egpaar bedryf ’n restaurant, Die blou hond, in Linden in Johannesburg.[3] In hierdie tyd is sy ook vryskutjoernalis vir tydskrifte soos Rooi Rose, Finesse en Maksiman.[3] Sy neem ook kunslesse en word ’n skilder wat haar eerste uitstalling in November 2004 in Johannesburg hou en in 2005 saam met Frans Claerhout by Alice Art ’n uitstalling deel. Die sukses wat sy behaal lei in 2005 tot die opening van haar eie kunsgalery, die Moody Kunsgalery.[1] In April 2007 trek sy na ’n huis in Parys op die oewer van die Vaalrivier, waar sy bly wanneer sy nie in die stad is om die restaurant te bedryf nie. Op vryskutbasis tree sy steeds as aktrise op, onder andere in die televisiesepe 7de Laan en Noah’s Ark.[1] Skryfwerk[wysig | wysig bron] Sy skryf die drama Praat van die duiwel wat in 1986 op die Kampustoneel opgevoer word. Haar eerste publikasie is sketse in Sonneblomme en daisies en daarna in Nog sonneblomme en daisies, waarin sy indringend na alledaagse dinge kyk waaruit mens inspirasie kan put. Oros vir die siel is haar eerste roman. Dit is ’n Christelike roman met die sentrale tema dat die Here ’n lewe van voorspoed en nie teenspoed vir ons wil hê nie. Die hoofkarakter kry dus genesing en herstel van haar lewensprobleme.[6] Lisa se dagboek vertel die verhaal van ’n enkellopende meisie se soektog na die regte man nadat haar verloofde haar soos ’n warm patat los kort voor die troue. Hierdie roman het eers as ’n vervolgverhaal in Rooi Rose verskyn. Custard vir die siel is gebaseer op ’n ware verhaal en vertel van ’n vrou se lewenservarings as aangenome kind en na haar huwelik haar man se ontrouheid. In die roman All-Bran vir die siel maak sy onthullings oor haar eie lewe en verhoudings. Dit sluit in haar selfmoordplanne in haar skooldae en die stormagtige beginjare van haar verhouding met Philip Moolman, voordat beide bekeer is. Tjoklits vir die siel wentel rondom die lewens van vier vroue in hulle veertigs. Hulle gee voor dat alles goed gaan, maar elkeen loop rond met eie seer. Suzanne was nog altyd die minste vir haar man en kinders, maar nou begin haar man rondkyk na groener weivelde. Christel is Suzanne se kinderlose suster, wie se huwelik feitlik onstuitbaar op pad is na ’n egskeiding. Adri is ’n koel sakevrou, maar haar man is werkloos. Lisa is ’n kunstige ontwerper, maar word by die huis mishandel. Shelley is Suzanne se oudste dogter, wat in ’n diep put van depressie sink toe haar verhouding beëindig word. Hierdie gebeure dwing die vier vroue om weer te herbesin oor wat werklik belangrik is. In ’n Tas vol blues songs is die bekende skrywer Kath-Lien Carstens die hoofkarakter. Sy is ’n glansvrou wat deur vele beny word, maar haar huwelik is ongelukkig en sy weet nie hoe om haar kinders met hulle groot probleme te help nie. Sy weet nie eers hoe sy haarself kan help nie. Eerbewyse[wysig | wysig bron] Susan word as aktrise bekroon met vier Vita-toekennings (vir rolle soos in Diepe grond en Griet skryf ’n sprokie) en verder ook ’n Artes-toekenning vir haar rol in die televisiedrama Meester. Publikasies[wysig | wysig bron] - Sonneblomme en daisies, 2005 - Nog sonneblomme en daisies, 2006 - Oros vir die siel, 2007 - Lisa se dagboek, 2008 - Custard vir die siel, 2009 - All-Bran vir die siel, 2010 - Tjoklits vir die siel, 2012 - ’n Tas vol blues songs, 2015 Eksterne skakels[wysig | wysig bron] - Rubrieke geskryf deur Susan Coetzer wat in de tydskrif Finnese verskyn het: http://www.voelgoed.co.za/vrouewatglo/susan-coetzer-0 Bronne[wysig | wysig bron] Boeke[wysig | wysig bron] - Van Coller, H.P. (red.) “Perspektief en Profiel Deel I” J.L. van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 1998 Tydskrifte en koerante[wysig | wysig bron] - Dunn, Cornél “Emmers vol talent” “Rooi Rose” Januarie 2006 - Engelbrecht, Karen “Gebreekte kringloop” “Finesse” Augustus 2005 - Grobler, Riëtte “Coetzer is nou vrye gees” “Plus” 29 Julie 2008 - Grobler, Riëtte “Coetzer skryf nog ’n soetboek” “Plus” 3 Desember 2009 - Swanepoel, Martie “Riviervertakkings na my siel” “Plus” 3 November 2007 Verwysings[wysig | wysig bron] - Esat: http://esat.sun.ac.za/index.php/Susan_Coetzer - Van Heerden, Suné Maroela Media: http://maroelamedia.co.za/nuus/phillip-moolman-en-susan-coetzer-van-tafel-en-bed-geskei/ - Huisgenoot: http://huisgenoot.com/bekendes/glanspaar-se-lewe-toe-nie-so-blink-nie/ - Opperman, A.J. “Philip, Susan leef nou ‘volkleur’-lewe ná egskeiding” “Rapport” 9 September 2012 - Opperman, A.J. “Coetzer sê haar huwelik is nou in God se hande” “Rapport” 16 September 2012 - Roux, Jaybee “Beeld” 25 Mei 2008
<urn:uuid:d884e713-4fdc-4ede-b019-204970416eac>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Susan_Coetzer
2019-07-23T05:23:43Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00023.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
1.000002
false
14 Oktober datum << | Oktober 2018 | >> | |||| So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa | 1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | ||| Al die dae | Inhoud GebeureWysig - 1066 – Die Slag van Hastings: Die Normandiese invalsmag van Willem die Veroweraar verslaan die Engelse weermag en vermoor Harold Godwinson, die laaste Angel-Saksiese koning van Engeland, by Hastings. - 1652 – Antonio Pignatelli (later Pous Innocentius XII) word aartsbiskop van Larissa in Thessalië. - 1828 – Tydens 'n vergadering in Kaapstad word besluit om die Suid-Afrikaanse Kollege (voorloper van die UK en SACS) te stig. - 1856 – Die NG gemeente Dordrecht is gestig. - 1899 – Tweede Vryheidsoorlog: Die Beleg van Kimberley begin. - 1939 – Tweede Wêreldoorlog: Die Duitse duikboot U 47 onder beheer van Kaptein Günther Prien dring Scapa Flow binne en kelder HMS Royal Oak. - 1947 – Die Amerikaanse vlieënier Chuck Yeager breek deur die klankgrens in die Bell X-1-vliegtuig. - 1981 – Hosni Mubarak word verkies tot president van Egipte, 'n week ná die sluipmoord op Anwar Sadat. - 2018 – Pous Paulus VI word deur Pous Franciskus heilig verklaar. GeboortesWysig - 1633 – Jakobus II, koning van Engeland († 1701). - 1890 – Dwight D. Eisenhower, generaal in die Amerikaanse Weermag en 34ste President van die Verenigde State († 1969). - 1906 – Hannah Arendt, Joods-Amerikaanse politieke teoretikus van Duitse afkoms († 1975). - 1925 – Phillip Tobias, Suid-Afrikaanse paleontoloog († 2012). - 1927 – Roger Moore, Engelse akteur († 2017). - 1937 – Marinus Wiechers, Suid-Afrikaanse regsman en grondwetkenner († 2018). - 1965 – Karyn White, Amerikaanse sangeres. - 1989 – Albert de Wet, Afrikaanse sanger. SterftesWysig - 222 – Pous Callixtus I, 16de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 155). - 530 – Teenpous Dioscurus (* onbekend). - 1066 – Harold Godwinson, koning van Engeland (* ±1022). - 1423 – Frederik van Blankenheim, biskop van Utrecht. - 1747 – Amaro Pargo, Spaanse kaper en handelaar (* 1678) - 1940 – Anje Hendriks Strik, ma van Hendrik Frensch Verwoerd (* 1873). - 1965 – Attie van Heerden, Suid-Afrikaanse Olimpiese atleet en rugbyspeler (* 1898). - 1951 – Herman Charles Bosman, Suid-Afrikaanse skrywer bekend vir sy stories van oom Schalk Lourens van die Groot Marico (* 1905). - 2015 – Francois van Heyningen, Suid-Afrikaanse akteur, sanger, skrywer en radio-omroeper (* 1935). - 2015 – Ahmed Kérékou, Beninse politikus en twee keer president van dié land (* 1933). Vakansies, vierings, en gedenkdaeWysig - Feesdag van Pous Callixtus I van die Rooms-Katolieke Kerk. Wikimedia Commons bevat media in verband met 14 October. |
<urn:uuid:3bc5ced4-7a24-4f39-a6f8-9cf4c0f1181e>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/14_Oktober
2019-07-15T18:23:46Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195523840.34/warc/CC-MAIN-20190715175205-20190715201205-00207.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.994552
false
24 Desember datum << | Desember 2018 | >> | |||| So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa | 1 | |||||| 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | ||||| Al die dae | Inhoud GebeureWysig - 640 – Pous Johannes IV volg Pous Severinus op. - 1046 – Pous Clemens II volg Pous Gregorius VI op. - 1294 – Pous Bonifatius VIII volg Pous Celestinus V op. - 1468 – Kardinaal Francesco Todeschini Piccolomini (later Pous Pius III) ontvang keiser Frederik III aan die poorte van Rome. - 1687 – Pous Innocentius XI plaas 'n interdik op die kerk van Sint Lodewyk in Rome. - 1717 – Die Kersvloed vind plaas langs die Noordseekus. - 1726 – Die goewerneur van Buenos Aires stig Montevideo. - 1777 – Kersfeeseiland, die oudste atol in die wêreld, word deur Kaptein James Cook besoek. - 1801 – Die liggaam van Pous Pius VI word van Valence na Rome geneem. - 1865 – Die Ku Klux Klan word deur veterane van die Amerikaanse Burgeroorlog gestig. - 1906 – Reginald Fessenden saai die eerste radio uitsending ooit uit. - 1914 – Britse en Duitse soldate onderbreek die Eerste Wêreldoorlog om Kersfees te vier, en begin só die Kersvrede. - 1951 – Libië word van Frankryk en die Verenigde Koninkryk onafhanklik. - 1974 – Sikloon Tracy verwoes meeste van Darwin, Australië. GeboortesWysig - 3 v.C. – Servius Galba Romeinse keiser († 69). - 1166 – Jan sonder Land, koning van Engeland († 1216). - 1798 – Adam Mickiewicz, Pools-Litause digter († 1855). - 1818 – James Prescott Joule, 'n Engelse fisikus († 1889). - 1822 – Piet Potgieter, kommandant-generaal van die Zuid-Afrikaansche Republiek († 1854) - 1852 – Carl George Klibbe, Stigter en Apostel van die Ou Apostoliese Kerk († 1931). - 1868 – Emanuel Lasker, Duitse skaakspeler († 1941). - 1905 – Howard Hughes, vlugpionier en filmregisseur († 1976). - 1906 – Anna Neethling-Pohl, Suid-Afrikaanse aktrise († 1992). - 1931 – Marié Blomerus, Afrikaanse skrywer en digter. - 1971 – Ricky Martin, Amerikaanse sanger.
<urn:uuid:ffd06158-f041-4119-aa18-2b515d06a47d>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/24_Desember
2019-07-15T17:55:16Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195523840.34/warc/CC-MAIN-20190715175205-20190715201205-00207.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.996271
false
Francia Francia is in die bronne van die 9de eeu die algemene (Latynse) naam van die Frankiese Ryk. Na die opsplitsing van die Karolingiese Ryk verwys die naam na die drie Frankiese ryke: Die Wes-Frankiese Ryk (Francia Occidentalis, later Frankryk), die Middel-Frankiese Ryk of Lotaringe (Francia Media) en die Oos-Frankiese Ryk (Francia Orientalis, later Duitsland). Daarnaas verwys die naam Francia ook na kleiner Frankiese hertogdomme soos Francia (in Frankryk, sien ook Île-de-France) en Franken (in Duitsland).
<urn:uuid:73a06730-1777-4d58-bc0a-eabf240a8702>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Francia
2019-07-15T17:56:48Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195523840.34/warc/CC-MAIN-20190715175205-20190715201205-00207.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999963
false
Marxisme Hierdie ideë en denkbeelde is op drie groot ideologiese strominge van die 19de eeu gestoel: Duitse filosofie (veral die dialektiek van Hegel), klassieke Engelse politieke ekonomie en Franse sosialisme in kombinasie met Franse rewolusionêre doktrines. Uit hierdie strominge het Marx en Engels 'n moderne "wetenskaplike sosialisme" gedistilleer. Inhoud TeorieWysig Volgens Marx se opvatting van die menslike geskiedenis verloop dit in stadia. Die stadia word in die eerste plek deur die gangbare ekonomiese stelsel (die onderbou) gekenmerk, en in die tweede plek deur opvattings, ideë, kultuur en sulks (die bobou). Verskillende samelewings deurloop die stadia in verskillende tempo's, maar wel in min of meer dieselfde volgorde. In elke stadium veroorsaak die ekonomiese stelsel spanninge tussen die verskillende maatskaplike klasse wat tot klassestryd en uiteindelik tot rewolusie lei. In die tyd van Marx, die 19de eeu, was die gangbare ekonomiese stelsel die industriële kapitalisme met die klassieke liberalisme as ideologie. Dit het na die Industriële Revolusie ('n ekonomiese verandering) en die Franse rewolusie ('n ideologiese verandering) ontstaan. Die industriële rewolusie het 'n nuwe klassemaatskap geskep, waar die heersende klasse nie meer die adel was nie, maar die burgery (bourgeoisie), die ou middelklasse, wat die produksiemiddele (fabrieke) in besit gehad het. Daarteenoor het die proletariaat, die klasse van besitlose arbeiders, gestaan, wat (by gebrek aan produksiemiddele) gedwing was om hul arbeid te verkoop om aan die lewe te bly, en so deur die burgery uitgebuit is. (Die plek van die boer in hierdie stelsel was jarelang 'n strydpunt binne marxisme gewees, die sogenaamde Agrarfrage.) Die teenstellings binne kapitalisme sou hierdie stelsel uiteindelik onvolhoubaar maak. Die uitgebuite arbeidersklasse moes volgens Marx in opstand gekom het teen die kapitaalbesitters. Hierdie opstand sou die einde van kapitalisme en liberale demokrasie inlui, wat plek sou maak vir 'n sosialistiese samelewing. In die sosialistiese periode sou die staat tot 'n diktatuur van die proletariaat omgevorm word, waarin die (politieke) rolle van beide klasse omgedraai sou word. Uiteindelik sou dit tot nog 'n ander maatskaplike stadium gelei het, naamlik kommunisme. Die woorde sosialisme en kommunisme het voor die teorievorming van Marx en Engels reeds bestaan. Die spesifieke betekenis wat aan hierdie terme binne marxisme gegee word, is nie noodwendig die enigste moontlike betekenis nie. Strominge binne marxismeWysig PraktykWysig Marxisme het onder andere Vladimir Lenin tot die inisiëring van die eerste "proletariese rewolusie" in die geskiedenis geïnspireer, die Russiese Rewolusie (1917). Daarmee het Rusland die eerste "diktatuur van die proletariaat" en die eerste sosialistiese staat geword (sosialisties in die betekenis wat Marx daaraan gegee het). Die gevolge van marxismeWysig Marxisme het 'n groot invloed op die ontwikkelende wêreldwye arbeidersbeweging gehad. Marx het met 'n sekere minagting op die voer van loonstryd as doel op sigself neergesien, omdat hy van oordeel was dat dit die aandag van die uiteindelike Groot Rewolusie sou kon aflei. Hy was egter pragmaties genoeg (byvoorbeeld in die boek "Loon, prys en wins") om vakbondsaktiwiteite aan te beveel as middel om die arbeiders tot organisasie te beweeg en ook om tot stryd vir die algemene kiesreg aan te spoor as middel om politieke mag te ontwikkel. Marx se teorieë was 'n stimulant vir die opkomende arbeidersbeweging gewees, maar oor die vraag hoe groot sy bydrae aan die hervorminge binne kapitalisme was, wat in die meeste ekonomies ontwikkelde lande tot 'n beter lewenspeil vir die loonarbeiders gelei het, en tot meer politieke invloed en regte (onder andere sosiale sekerheid), kan op uiteenlopende wyse geoordeel word. Dit is duidelik dat Marx se maksimalistiese idee van 'n Groot Proletariese Rewolusie die arbeidersbeweging ook wel gereeld in die weg gesit het, deurdat dit tot diepgaande twiste tussen sosiaaldemokrate en vakbondsmilitante gelei het wat eintlik wel tevrede was met hervorminge binne die "kapitalistiese stelsel" (en wat deur hul teenstanders "revisioniste" genoem is) en hul maksimalistiese teenstanders, wat tevrede was met niks minder as die volledige onderwerping van die "burgerlike samelewing" nie. In Rusland het Wladimir Lenin die teorieë van Marx gebruik as grondslag vir sy eie rewolusionêre ideë, wat via die Russiese Rewolusie (1917) tot die ontstaan van die Sowjetunie gelei het. In die Sowjetunie het dit 'n dogma geword dat die Leninistiese interpretasie van die leer van Marx die enigste juiste was, maar twyfel is geregverdig of Marx in alle opsigte met die handelwyse van Lenin en sy trawante eens sou wees. Marx het die idee gehad dat die rewolusie eerste in enkele van die hoog ontwikkelde industrielande (Engeland, Frankryk, Duitsland of die Verenigde State) sou uitbreek. Oor die algemeen het hy geen hoë dunk van die rewolusionêre potensieel in Rusland gehad nie, al het hy in sy latere jare wel belangstelling aan die dag gelê vir rewolusionêre strominge in die tsareryk. Hy het egter verwag dat vir 'n eg voldrae sosialisme 'n internasionale rewolusie nodig sou wees, wat ten minste die belangrikste kapitalistiese sentra sou omvat. Marx het ook die gedagte te kenne gegee dat die rewolusie miskien op nie-gewelddadige wyse plaas sou kon vind, byvoorbeeld in Engeland, waar 'n groot deel van die arbeiders teen die einde van die 19de eeu al kiesreg gehad het. Daar sou dit nie uitgesluit wees dat die saak van die proletariaat via die stembus kon triomfeer nie. Marx was in sy ideë gewoonlik minder reguit as heelwat van sy volgelinge. Beroemd is sy uitspraak "Ek is in geen geval 'n Marxis nie". LetterkundeWysig - Bourne, Peter G. (1986). Fidel: A Biography of Fidel Castro. New York: Dodd, Mead & Company. Onbekende parameter |authorformat= geïgnoreer (help) - Callinicos, Alex (2010) [1983]. The Revolutionary Ideas of Karl Marx. Bloomsbury, London: Bookmarks. ISBN 978-1-905192-68-7. Onbekende parameter |authorformat= geïgnoreer (help) - Castro, Fidel; Ramonet, Ignacio (interviewer) (2009). My Life: A Spoken Autobiography. New York: Scribner. ISBN 978-1-4165-6233-7. Onbekende parameter |authorformat= geïgnoreer (help) - Coltman, Leycester (2003). The Real Fidel Castro. New Haven and London: Yale University Press. ISBN 978-0-300-10760-9. Onbekende parameter |authorformat= geïgnoreer (help) - Green, Sally (1981). Prehistorian: A Biography of V. Gordon Childe. Bradford-on-Avon, Wiltshire: Moonraker Press. ISBN 0-239-00206-7. Onbekende parameter |authorformat= geïgnoreer (help) - Lenin, Vladimir (1967) [1913]. Karl Marx: A Brief Biographical Sketch with an Exposition of Marxism. Peking: Foreign Languages Press. Besoek op 2014-06-17. Onbekende parameter |authorformat= geïgnoreer (help) - Marx, Karl (1849). Wage Labour and Capital. Germany: Neue Rheinische Zeitung. Besoek op 2014-06-17. Onbekende parameter |authorformat= geïgnoreer (help) - Trigger, Bruce G. (2007). A History of Archaeological Thought (2nd uitg.). New York: Cambridge University Press. ISBN 978-0-521-60049-1. Onbekende parameter |authorformat= geïgnoreer (help) - Avineri, Shlomo (1968). The Social and Political Thought of Karl Marx. Cambridge University Press. - Dahrendorf, Ralf (1959). Class and Class Conflict in Industrial Society. Stanford, CA: Stanford University Press. - Jon Elster, An Introduction to Karl Marx. Cambridge, England, 1986. - Michael Evans, Karl Marx. London, 1975. - Stefan Gandler, Critical Marxism in Mexico: Adolfo Sánchez Vázquez and Bolívar Echeverría, Leiden/Boston, Brill Academic Press, 2015. 467 pages. ISBN 978-90-04-22428-5. - Kołakowski, Leszek (1976). Main Currents of Marxism. Oxford University Press. - Parkes, Henry Bamford (1939). Marxism: An Autopsy. Boston: Houghton Mifflin. - "Marxism". Concise Encyclopedia of Economics (2nd). (2008). Ed. David R. Henderson (.). Library of Economics and Liberty. - Robinson, Cedric J.: Black Marxism: The Making of the Black Radical Tradition, 1983, Reissue: Univ North Carolina Press, 2000 - Rummel, R.J. (1977) Conflict In Perspective Chap. 5 Marxism, Class Conflict, and the Conflict Helix - Screpanti, E; S. Zamagna (1993). An Outline of the History of Economic Thought. - Shenfield, S.D. Vladislav Bugera: Portrait of a Post-Marxist Thinker - McLellan, David (2007). Marxism After Marx. Basingstoke: Palgrave Macmillan. BronneWysig - Ernest Mandel, Inleiding in de marxistiese ekonomie. Nijmegen: SUN, 1974. - Karl Marx en Friedrich Engels, Manifest van de Communistische Partij. 1848. Eksterne skakelsWysig - Lectures on Modern European Intellectual History. Lecture 24: The Age of Ideologies (2): Reflections on Karl Marx ( ) - Marxistiese internetargief. 'n Oorsig van die werke van Karl Marx en Friedrich Engels in Nederlands. ( ) - Marxisme.net. 'n Nederlandstalige marxistiese webwerf, insluitende aktuele artikels van hedendaagse marxiste. ( )
<urn:uuid:8ff5749f-f238-4047-b8cc-60eeacd1b441>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Marxisme
2019-07-15T17:57:01Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195523840.34/warc/CC-MAIN-20190715175205-20190715201205-00207.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99872
false
Sleeswyk-Holstein Landsvlag | Landswapen | ---|---| (Besonderhede) | (Besonderhede) | Leuse | | „Op ewig ungedeelt“ („Vir ewig ongedeel“) Leuse van die hertogdomme Sleeswyk en Holstein wat sedert 1460 verenig is | | Basiese gegewens | | Ampstaal: | Duits, Nederduits, Noord-Fries, Deens | Hoofstad: | Kiel | Stigting: | 23 Augustus 1946[1] | Oppervlakte: | 15 799,65 km² (12de) | Bevolking: | 2 858 714 (9de) (31 Desember 2015)[2] | Bevolkingsdigtheid: | 181 inwoners / km² (10de) | Volkslied (Landeshymne): | Schleswig-Holstein meerumschlungen | Skuldlas per inwoner: | 11 131 € (31 Desember 2015) | Totale skuldlas: | 29,351 miljard € (31 Desember 2016)[3] | Werkloosheidsyfer: | 5,9 % (Mei 2017)[4] | ISO 3166-2: | DE-SH | Amptelike webwerf: | www.schleswig-holstein.de | Politiek | | Eerste Minister: | Daniel Günther (CDU) (sedert 28 Junie 2017) | Regerende partye: | CDU, Grüne en FDP | Setels in die parlement (Landtag) (73 setels) (2012: 69 setels): | CDU 25 (2012: 22) SPD 21 (22) Bündnis 90/Die Grünen 10 (10) FDP 9 (6) AfD 5 (-) SSW 3 (3) | Laaste verkiesing: | 7 Mei 2017 | Volgende verkiesing: | 2022 | Parlementêre verteenwoordiging | | Stemme in die Federale Raad (Bundesrat): | 4 (van 69) | Kaart | | Sleeswyk-Holstein (Duits: Schleswig-Holstein [ˈʃleːsvɪç ˈhɔlʃtaɪ̯n] , Deens: Slesvig-Holsten, Noord-Fries: Slaswik-Holstiinj, Nederduits: Sleswig-Holsteen) is die mees noordelike deelstaat van die Federale Republiek van Duitsland en word dikwels as die "Land tussen die mere" (Noord- en Oossee) beskryf. Sedert die stigting van die huidige deelstaat op 23 Augustus 1946 dien die hawestad Kiel as die administratiewe hoofstad. Met 'n oppervlakte van 15 799,65 vierkante kilometer is Sleeswyk-Holstein – behalwe vir die stadstate Berlyn, Vrye en Hansestad Hamburg en Vrye Hansestad Bremen – die kleinste Duitse deelstaat ná die Saarland. Sleeswyk-Holstein grens in die noorde aan Denemarke, aan die deelstate Hamburg en Nedersakse in die suide en Mecklenburg-Voorpommere in die suidooste. Inhoud GeografieWysig Sleeswyk-Holstein vorm in geografiese opsig die suidelike gedeelte van die skiereiland Jutland (Duits: Jütland, Deens: Jylland) en word omsluit deur die Noordsee in die weste, die Oossee en Mecklenburg-Voorpommere in die ooste, Hamburg en Nedersakse in die suide en Denemarke in die noorde. Die belangrikste landskappe in wes-oostelike-rigting is die Marsch, die Geestland en die Oostelike Heuwelland. Die ooskus word deur fjorde en baaie in die kleiner skiereilande Angeln, Schwansen, Deense Wohld en Wagrien verdeel. Die grootste rivier is die Eider, terwyl die Bungsberg met 'n hoogte van 168 meter bo seevlak die hoogste bergspits is. In histories-politieke opsig bestaan Sleeswyk-Holstein sedert meer as 1 000 jaar uit die twee landsdele Sleeswyk en Holstein wat deur die riviere Eider en Levensau van mekaar geskei word. Hierdie twee riviere het tot by die jare 1806 en 1864 ook die noordelike grens van die Heilige Romeinse Ryk en later die Duitse Bond gevorm. Die hertogdom Lauenburg is in 1876 by Sleeswyk-Holstein ingelyf, terwyl die Hansestad Lübeck danksy 'n ruilooreenkoms by die gebied ingesluit is nadat die Holsteinse stede Altona en Wandsbek met die Wet oor Groot-Hamburg in 1937 by Hamburg ingelyf is. Sleeswyk-Holstein behels 189 natuurbewaringsgebiede en 275 sogenaamde Landschaftsschutzgebiete ("Landskapsbewaringsgebiede") met 'n totale oppervlakte van 2 000 vierkante kilometer (waarvan sowat 1 600 vierkante kilometer see- en waddenseegebiede). Naas vyf natuurparke in die binneland is ook die grootste nasionale park in Sentraal-Europa, die Nasionale Sleeswyk-Holsteinse Waddenseepark, in die deelstaat geleë. GeskiedenisWysig Vroeë geskiedenisWysig Ná die laaste kouetydperk het jagters en versamelaars hulle in Sleeswyk-Holstein gevestig. Vanaf 4000 v.C. het akkerboere die gebied begin koloniseer wat tussen 3500 en 2800 v.C. 'n groot aantal megalietstrukture gebou het. Net sowat 100 van hierdie monumente het bewaar gebly. Die sogenaamde Ossepad, 'n belangrike handelsroete vir vee uit Noord-Jutland, het vermoedelik reeds sedert die Bronstydperk bestaan. In die tyd van die groot volksverhuisings het talle Germaanse stamme die gebied verlaat. So het die Angele tussen die 3de en 5de eeu uit die gelyknamige streek noord van die Schlei-rivier na Groot-Brittanje geëmigreer waar hulle met ander Germaanse stamme tot die Angel-Saksiese volk verenig en groot dele van die Keltiese eiland verower het. Hulle sou die naamgewers vir die latere Engeland word. Sleeswyk-Holstein was in hierdie periode yl bevolk. Wikings en Slawiese bewonersWysig Ná die Angelse emigrasiegolf het Deense en Jutlandse setlaars hulle in die gebied gevestig. Omstreeks 770 het hulle die hawestad Haithabu gestig en die Danewerk (Deens: Danevirke) gebou, 'n magtige beskermingswal teen Saksiese aanvallers uit die suide. Tussen 768 en 811 is die heidense Noord-Germane verskeie kere in gevegte met Frankiese magte gewikkel sodat die wal steeds verder uitgebou is. Eers in 811 is 'n vredesooreenkoms gesluit waarin die Eider-rivier as grenslyn tussen Denemarke en die Frankiese Ryk bepaal is. Gedurende die Wiking-tydperk (omstreeks 800–1050) en die Middeleeue (1050–1500) was die handelstad Haithabu (Deens: Hedeby, Duits: Haddeby) en die stad Schleswig (Deens: Slesvig) die mees suidelike nedersettings in die Koninkryk Denemarke. Hulle was in die grensgebied tussen Denemarke en die Saksiese en Slawiese gebiede in die suide geleë.[5] Argeologiese opgrawings het die destydse nou bande met Skandinawië bevestig, terwyl ook die huidige plekname noord van die Eiderrivier dikwels van Deense oorsprong is. Die weste van Holstein tussen die Eider en die benedeloop van die Elbe is deur Noord-Albingiese Saksers bewoon wat ná die Saksiese Oorloë van Karel die Grote die Frankiese gesag oor die gebied aanvaar het. Esesfeld naby Itzehoe het in die vroeë 9de eeu as militêre buitepos van die Frankiese Ryk gedien, terwyl Hamburg in die Laat-Karolingiese periode as die eerste biskopsetel noord van die Elbe ontstaan het. Die ooste van Holstein en Wes-Mecklenburg is deur die Slawiese Abodrite (soms ook Obodrite genoem) bewoon; die grenslyn (Latyns: limes Saxoniae) tussen hul gebied en die Saksers het vanuit die Kieler Förde (Kielse Fjord) in suidelike rigting tot by die Elbe geloop. Die Abodrite het deel uitgemaak van die Elbe- en Oossee-Slawiese volke wat by die Polabo-Pomoraniese taalgroep gereken word.[6] Net soos die oorspronklik Deense taalgebied van die noorde sy Skandinawiese name bewaar het, word ook Oos-Holstein in toponimiese opsig deur 'n groot aantal Slawiese plekname gekenmerk. Tydens die Slawiese periode tussen omstreeks 700 en die Duitse kolonisasie in die middel van die 12de eeu het die Slawiese dorpe en versterkings van Oldenburg, Ou-Lübeck en Ratzeburg 'n belangrike rol as Slawiese sentra gespeel. Die weskus van Sleeswyk-Holstein noord van die Eider is deur Noord-Friese bewoon wat hul taal tot vandag op 'n aantal eilande en in dorpe op die vasteland bewaar het. Vanweë die Middeleeuse taalsituasie – met Oud-Fries (Noord-Fries) in die noordweste, Oud-Deens in die noorde, Oud-Saksies in die suide en Oud-Polabies in die ooste – vergelyk die destydse Sleeswyk-Holstein met die huidige Switserland.[7] In handelsentrums soos Haithabu is ook ander tale gebesig, terwyl Latyn as kerktaal gedien het. In die loop van die Middeleeue het Middelnederduits in die gebied geleidelik begin uitbrei, net soos Duitse plekname. BevolkingWysig Sleeswyk-Holstein het 'n bevolking van 2,86 miljoen en is met 'n bevolkingsdigtheid van 181 inwoners per vierkante kilometer op vyf ná die ylste bevolkte deelstaat van Duitsland. Daar is sowel 'n Deense asook 'n Noord-Friese minderheid in die landsdeel Sleeswyk. Die histories inheemse bevolking is van Nedersaksiese, Jutse en Noord-Friese afkoms. Ná die Tweede Wêreldoorlog was Sleeswyk-Holstein egter die Duitse deelstaat met die grootste aandeel van vlugtelinge uit die Russies- en Pools-besette Duitse oosgebiede, veral uit Agterpommere en Oos-Pruise. In die tydperk tussen 1939 en 1949 het die bevolking met 1,1 miljoen gegroei. Die bevolking is oneweredig oor die deelstaat versprei. Naas die groter stede, wat in administratiewe opsig selfregerende gebiede vorm, is die noordelike metropolitaanse gebied van Hamburg net soos die distrikte Pinneberg en Stomarn dig bevolk, terwyl die landsdeel Sleeswyk en die distrik Dithmarschen deur 'n baie lae bevolkingsdigtheid gekenmerk word. Vanweë sy afgeleë geografiese ligging en stadiger ekonomiese groei is die persentasie buitelanders die laagste van alle Duitse deelstate. Driekwart van die sowat 140 000 buitelanders is Europeërs en 22 persent van alle buitelanders is in die ou lidstate van die Europese Unie gebore. Die grootste groepe buitelanders is Turke (42 000) en immigrante uit die voormalige Joego-Slawië (14 000). MinderhedeWysig Sleeswyk-Holstein is die enigste deelstaat in Duitsland waar die Duitssprekende meerderheidsbevolking, twee nasionale minderhede – Deens- en Noord-Friessprekendes – en een volksgroep – Sinti en Roma met Duitse burgerskap – naas mekaar leef. Die deelstaat was die eerste in Duitsland wat in 1988 'n spesiale amptenaar benoem het wat na die belange van etniese minderhede omsien. Die Deense gemeenskapWysig GeskiedenisWysig Sedert die Pruisiese oorwinning in die oorlog teen Denemarke in 1864 en die insluiting van Noord- en Suid-Sleeswyk by Pruise is daar 'n inheemse Deenssprekende minderheid in die landsdeel Suid-Sleeswyk. Ná die Eerste Wêreldoorlog is in 1920 'n referendum oor die staatkundige toekoms van dié gebiede gehou waarin die meerderheid van die bevolking van Noord-Sleeswyk ten gunste van Denemarke gestem het, terwyl die meeste bewoners in Suid-Sleeswyk hulle ten gunste van Duitsland uitgespreek het. Die huidige beleid ten opsigte van die Deenssprekende minderheid baseer sowel op nasionale asook op deelstaatvlak op die Bonn-Kopenhaagse Verklarings van 1955 waarvolgens enigiemand, wat homself as "Deen" beskou, deur die owerheid as sulks erken word sonder dat hy enige bewys vir sy etniese afkoms moet lewer. Dieselfde geld vir Duitssprekendes in Denemarke. Volgens artikel 5 van die Sleeswyk-Holsteinse grondwet erken die deelstaat die Deenssprekende minderheid en bevorder hulle belange. Vandag is daar 50 000 inwoners met Duitse burgerskap wat dieselfde waardes en tradisies deel soos die Deense bevolking van Denemarke, asook sowat 6 000 Deense burgers (sogenaamde Ryksdene).[8] Die meeste Deenssprekendes is in die grensstad Flensburg, in die administratiewe distrikte Noord-Friesland en Schleswig-Flensburg asook in die noordelike deel van Rendsburg-Eckernförde saamgetrek. In Flensburg en sommige kleiner nedersettings beloop die aandeel Deenssprekendes tot twintig persent. TaalWysig Die belangrikste sambreelorganisasie vir kulturele belange, veral die handhawing en bewaring van die Deense taal in Suid-Sleeswyk, is die Sydslesvigsk Forening (SSF) met 13 500 lede. Die sekretariaat-generaal van die SSF is in Flensburg (Deens: Flensborg) gesetel. Ander Deense verenigings met 'n groot verskeidenheid doelwitte is met die SSF geassosieer. Die SSF organiseer referate, klassieke en volksmusiekkonserte, toneel-, ballet- en opera-opvoerings, ekskursies, besigtigings en tentoonstellings en verseker sodoende dat die Deense taal, kultuur en tradisies in Suid-Sleeswyk lewendig gehou word. Van sentrale belang vir die bewaring van Deens is die privaatskoolstelsel met 48 laer en hoërskole, 'n koshuisskool en 'n gimnasium (met altesaam 5 700 leerders) met Deens as onderrigmedium wat deur die Dansk Skoleforening for Sydslesvig (Deense Skoolvereniging vir Suid-Sleeswyk) onderhou word. Hierdie vereniging sien ook na die opvoedkundige belange van volwassenes om. Daar is 55 crèches vir sowat 1 900 Deenssprekende kinders. Organisasies en struktureWysig 'n Verskeidenheid organisasies neem die belange van Deenssprekendes, maar ook alle ander belangstellendes waar, waaronder kultuur, politiek, kleuterskole, onderwysinstellings, jeug, sport, biblioteke, perswese, gesondheid- en bejaardesorg en godsdiens. Die jeugorganisasie Sydslesvigs Danske Ungdomsforeninger ("Deense Jeugverenigings van Suid-Sleeswyk") dien as sambreelorganisasie vir 75 selfstandige jeug- en sportverenigings met altesaam 12 500 lede en onderhou twaalf jeugsentrums. Die Dansk Central-bibliotek for Sydslesvig behels die hoofbiblioteek in Flensburg, vier filiale in groter nedersettings asook twee busbiblioteke, 'n argief en 'n navorsingsinstelling. Die Deense Luthers-Evangeliese Kerk (Danske Kirke i Sydslesvig) het 24 predikante in byna veertig gemeentes met 6 600 lidmate. Die tweetalige dagblad Flensborg Avis het 'n oplaag van sowat 5 500 eksemplare. Die Deense minderheid word ook op politieke vlak deur sy eie party, die Südschleswigscher Wählerverband (SSW), met raadslede op munisipale vlak en drie afgevaardigdes in die Sleeswyk-Holsteinse parlement in Kiel verteenwoordig. In Junie 2012 het die SSW, wat sowat 3 700 lede het, geskiedenis geskryf as die eerste politieke party van 'n etniese minderheid wat op deelstaatvlak deel van 'n koalisieregering geword het. Die Sydslesvigsk Forening onderhou sy eie inligtingskantoor vir die uitruil van idees en menings met afgevaardigdes en mediaverteenwoordigers by die Deense parlement, die Folketing, in Kopenhagen. Die Noord-Friese gemeenskapWysig GeskiedenisWysig Die oudste beskikbare historiese bronne verwys na die Noord-Friese as bewoners van die Noordseekusgebiede. Noord-Friesland was vanaf die tyd van die groot volksverhuisings 'n tydelik onbewoonde streek, terwyl die Friese taalgebied in die vroeë Middeleeue vanaf die Rynmonding tot by die Weser-rivier in die huidige Nedersakse gestrek het. Vermoedelik het die eerste Friese setlaars hulle reeds in die 7de en 8ste eeu in enkele streke van Noord-Friesland gevestig. Vanaf die 11de eeu het setlaars ook begin om die laagliggende kusgebiede te koloniseer. Die ou Noord-Friesland het uit 'n aantal administratiewe geweste bestaan wat 'n losse verbond gevorm het. Net soos die hele Sleeswyk-Holstein het Noord-Friesland tot in 1864 deel uitgemaak van Denemarke. Dit het daarna Pruisies geword en is in 1871 saam met Pruise by die Duitse Keiserryk ingesluit. TaalWysig Fries is geen Duitse dialek nie, maar 'n selfstandige taal wat saam met Engels, Nederlands en Duits by die Wes-Germaanse taalgroep gereken word. Daar is drie taalvariante: Wes-Fries in die Nederlandse provinsie Friesland met sowat 400 000 moedertaalsprekers, Oos-Fries (wat in sy oorspronklike taalgebied, Oos-Friesland, lankal uitgesterf het, maar buite dié gebied nog in die Saterland, 'n streek in die deelstaat Nedersakse, deur sowat 2 000 moedertaalsprekers gepraat word, sien Saterfries) en Noord-Fries. Noord-Fries word tans in die noordwestelike kusgebiede van Sleeswyk-Holstein en op die eiland Helgoland deur byna 10 000 moedertaalsprekers gepraat. Die Noord-Friese taalgebied in Sleeswyk-Holstein dek onder meer die westelike deel van die distrik Noord-Friesland asook die eilande Sylt, Föhr, Amrum, enkele Halligen-eilande en Helgoland. Noord-Friese moedertaalsprekers is veral in die dorp Risum-Lindholm op die vasteland en die westelike dele van die eiland Föhr saamgetrek. Eiland- en Vastelandse Noord-Fries vorm twee dialekgroepe binne die Noord-Friese taal. Vanaf die vroeë 19de eeu is Noord-Fries as skryftaal gebruik en woordeboeke, grammatikas en talle literêre werke vir die hoofdialekte gepubliseer. In die skooljaar 2009/2010 was Noord-Fries 'n taalvak in 17 skole (veral laerskole). Die universiteite van Kiel en Flensburg bied eweneens Fries as studievak aan. Die Noord-Friese Woordeboekkantoor in Kiel stel leksikale werke vir wetenskaplike en privaat gebruikers saam. Fries geniet intussen ook in die openbare lewe weer meer aandag. Munisipaliteite mag sedert 1997 tweetalige straatborde gebruik, terwyl ook huwelikseremonies en enkele kerkdienste in Fries aangebied word. Organisasies en struktureWysig Die belange van die Friese beweging in Noord-Friesland word deur 'n aantal verenigings waargeneem waarby die Frasche Rädj ("Friese Raad") as sambreelorganisasie fungeer. Die Frasche Rädj is 'n lidorganisasie van die Interfriese Raad, die gemeenskaplike sambreelorganisasie van Wes-, Oos- en Noord-Friese; die Raad van Minderhede, 'n vereniging van die vier inheemse minderhede van Duitsland; die Federalistiese Unie van Europese Volksgroepe en die Europese Buro vir Minder Gebruikte Tale. Die belangrikste Friese verenigings vir die hele Noord-Friesland is die Nordfriesischer Verein (wat saam met sy geassosieerde verenigings sowat 4 800 lede het) en die Friisk Foriining met 650 lede. Die Nordfriisk Instituut in Bredstedt fungeer as sentrale wetenskaplike instelling vir die bevordering, navorsing en dokumentasie van die Friese taal, geskiedenis en kultuur. TradisiesWysig Jaarliks word op 21 Februarie op die eilande, Halligen en die vasteland (veral in die noorde) meer as sestig Biiken ('n soort vreugdevuur of vuurteken; vergelyk Engels beacon) gestook. Hierdie tradisie word algemeen as die "nasionale fees" van Noord-Friesland beskou. Sy oorspronge lê waarskynlik in ou vastydrituele waarmee vroeër die winter (of bose geeste) simbolies verdryf of die nuwe saad beskerm is. As lentefees vervang die tradisionele Biikebrennen in Noord-Friesland en Denemarke ook die Paasvuur wat in ander dele van Europa gestook word. Op die Friese eilande is met Biiken-vure later ook van walvisvangers plegtig afskeid geneem. Volgens 'n besluit van die Hansestede het vanaf 1403 geen walvisskip tussen 11 November en 22 Februarie die hawens verlaat nie. Die fees is waarskynlik in die 19de eeu op die eiland Sylt vir die eerste keer op 'n bepaalde dag, naamlik 21 Februarie as die vooraand van Petridag, gevier nadat dit oorspronklik deur talle dorpe op verskillende datums waargeneem is. Op daardie dag het mense tradisioneel vergader om regspraak te hou, maar ook om fees te vier. Intussen het die Biiken-vure, wat deur die dorpsgemeenskappe gestook word, ook 'n soort toeristetrekpleister geword, en spesiale treine neem besoekers na die gasheerdorpe. TaleWysig Terwyl Duits (Hoogduits) as amptelike taal dien, word Nederduits as streektaal en Deens, Fries en Romanes as minderheidstale erken. In sommige dorpe naby die Deense grens tussen Niebüll en Flensburg (Deens: Flensborg) word daarnaas ook Suid-Juts of Platdeens as omgangstaal gepraat. In 2004 het die parlement van Sleeswyk-Holstein 'n wetsontwerp, die Friisk Gesäts ("Friese wet"), goedgekeur waarvolgens Fries in die distrikte Noord-Friesland en op die eiland Helgoland in die distrik Pinneberg as tweede ampstaal ingevoer is. Die distrik Noord-Friesland maak tans byvoorbeeld gebruik van tweetalige straatborde. Die suidooste van die deelstaat is tot by die 12de eeu deur Slawiese volke bewoon, en daar is nog steeds 'n aantal plekname van Slawiese oorsprong soos Lübeck, Laboe, Eutin, Preetz en Ratzeburg. EkonomieWysig Sleeswyk-Holstein se ekonomie word deur klein- en middelgroot ondernemings met minder as 250 werknemers oorheers – sowat 99 persent van alle firmas in die deelstaat val in hierdie kategorie. Danksy dié ekonomiese struktuur is Sleeswyk-Holstein minder deur die globale finansiële krisis geraak, al het ook hier werkgeleenthede verlore gegaan. 'n Tweede kenmerk van die plaaslike ekonomie is die groot aandeel sektore wat sterk groei toon, waaronder geneeskundige tegnologie, maritieme bedrywe, voedselnywerhede, inligtings- en kommunikasietegnologie, masjienbou, hernieubare energie en gesondheidsorg. Die beroepsbevolking het in 2010 1,282 miljoen beloop. VerwysingsWysig - ( ) Verordnung Nr. 46, Auflösung der Provinzen des ehemaligen Landes Preußen in der Britischen Zone und ihre Neubildung als selbständige Länder - ( ) Bevölkerung am Monatsende in Schleswig-Holstein - ( ) Schulden der Bundesländer in Deutschland am 31. Dezember 2016 (in Millionen Euro) - ( ) Arbeitslosenquoten im Mai 2017 – Länder und Kreise - ( Von Freeden, Uta en Siegmar von Schnurbein: Germanica. Unsere Vorfahren von der Steinzeit bis zum Mittelalter. Uitgegee vir die Römisch-Germanische Kommission des Deutschen Archäologischen Instituts. Augsburg: Weltbild 2007, bl. 368 ) - ( Von Freeden/von Schnurbein (2007), bl. 368 ) - ( Von Freeden/von Schnurbein (2007), bl. 369 ) - ( ) www.schleswig-holstein.de: Minderheiten in Schleswig-Holstein – dänische Minderheit Eksterne skakelsWysig Wikimedia Commons bevat media in verband met Schleswig-Holstein. | - Geskiedenis Deelstate van Duitsland | | ---|---| Baden-Württemberg | Beiere | Berlyn | Brandenburg | Bremen | Hamburg | Hesse | Mecklenburg-Voorpommere | Nedersakse | Noordryn-Wesfale | Rynland-Palts | Saarland | Sakse | Sakse-Anhalt | Sleeswyk-Holstein | Thüringen |
<urn:uuid:ddf80057-d684-4b4b-b585-a29add5389f4>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Sleeswyk-Holstein
2019-07-15T18:41:34Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195523840.34/warc/CC-MAIN-20190715175205-20190715201205-00207.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999844
false
Portlandsement Portlandsement is die mees algemene soort sement in gebruik in die meeste wêrelddele en maak 'n basiese bestanddeel uit van beton, dagha (messelklei), pleister en baie gewone bryvulsels. Dit bestaan uit 'n fyn poeier wat vervaardig word deur portlandsementklinker (meer as 90%), 'n beperkte hoeveelheid kalsiumsulfaat wat die droogtyd bepaal en tot soveel as 5% ander bestanddele (soos toegelaat deur verskeie standaarde). Die Europese Standaard EN197.1 definieer portlandsement as volg: “portlandsementklinker is 'n hidrouliese materiaal wat moet bestaan uit ten minste twee derdes op 'n massabasis kalsiumsilikate, (3CaO.SiO2 en 2CaO.SiO2), met die oorblywende massa wat uit aluminium- en ysterbevattende klinkerfases en ander verbindinge bestaan. Die verhouding CaO tot SiO2 mag nie minder as 2.0 wees nie. Die magnesiuminhoud (MgO) sal nie 5.0% per massa oorskry nie.” (Die laaste twee vereistes is reeds in 'n Duitse standaard van 1909 uitgestippel.) Portlandsementklinker word vervaardig deur 'n homogene mengsel van roumateriale in 'n oond te verhit tot by sintertemperature, wat ongeveer 1450 °C is vir moderne sement. Die aluminium- en ysteroksied dien as 'n vloeimiddel en dra min by tot die sterkte van die sement. Vir spesiale sementsoorte soos lae hitte en sulfaatbestande soorte, is dit nodig om die hoeveelheid trikalsiumaluminaat (3CaO.Al2O3) wat gevorm word te beperk. Die hoofbestanddeel vir die maak van klinker is gewoonlik kalksteen (CaCO3) wat gemeng word met materiale wat klei bevat as bron van die aluminosilikaat. Gewoonlik word 'n onsuiwer kalksteen wat klei of SiO2 bevat gebruik. Die CaCO3 inhoud van hierdie kalksteensoorte kan so laag as 80% wees. Die materiale wat met die kalksteen gemeng word hang gewoonlik af van die suiwerheid van die kalksteen. Materiale wat by kalksteen gemeng word sluit in: klei, leiaarde, sand, ystererts, bauxiet, vliegas en slak. 'n Sementoond wat steenkool verbrand sluit ook die as van die steenkool in as 'n roumateriaal. GeskiedenisWysig Portland is ontwikkel uit sement (hidrouliese kalk) in Brittanje aan die begin van die negentiende eeu. Die naam is afkomstig van die ooreenkoms daarvan met portlandsteen, 'n soort bousteen wat ontgin is in steengroewe op Portland-eiland in Dorset, Engeland. Joseph Aspdin, 'n Britse messelaar het in 1824 die patent verkry vir 'n sementmaakproses wat hy portlandsement genoem het. Sy sement was 'n kunsmatige hidrouliese kalk wat ooreenkomste getoon het met die materiaal wat as Romeinse sement (in 1796 deur James Parker gepatenteer) bekend gestaan het. Sy proses was ook soortgelyk aan die wat in 1822 gepatenteer is en sedert 1811 gebruik is deur James Frost wat sy sement, Britse sement gedoop het. Die naam ‘’’portlandsement’’’ is ook in 'n gids wat met William Lockwood en ander verband hou gepubliseer. Aspdin se seun, William, het 'n verbeterde weergawe in 1843 vervaardig en dit aanvanklik Patent portlandsement genoem (al het hy geen patent daarop gehad nie). In 1848 het William Aspdin sy sement verder verbeter en in 1853 het hy verhuis na Duitsland waar hy ook betrokke was by sementvervaardiging.[1] Baie mense het daarop aanspraak gemaak dat hulle die eerstes was om portlandsement in die moderne sin te maak, maar daar word oor die algemeen aanvaar dat William Aspdin te Northfleet, Engeland in 1842 die eerste moderne portlandsement gemaak het.[2] Die Duitse regering het reeds in 1878 'n standaard vir portlandsement uitgereik. VervaardigWysig Die vervaardiging van portlandsement bestaan uit drie fundamentele stappe: - Bereiding van die rou mengsel - Vervaardiging van die klinker - Voorbereiding van die sement Sementchemie is baie ingewikkeld, dus is 'n spesiale notasie deur sementchemici ontwikkel om die formules vir die algemene oksiede wat in sement voorkom te vereenvoudig. Dit weerspieël die feit dat die meeste elemente in hul hoogste oksidasietoestand teenwoordig is en chemiese analise van sement word uitgedruk as 'n massapersentasie van hierdie denkbeeldige oksiede. VerwysingsWysig - "The Cement Industry 1796–1914: A History," by A. J. Francis, 1977 - P. C. Hewlett (Ed)Lea's Chemistry of Cement and Concrete: 4th Ed, Arnold, 1998, ISBN 0-340-56589-6, Chapter 1
<urn:uuid:33b2cb28-f44f-4a92-9cb0-0d796b221159>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Portlandsement
2019-07-16T23:18:21Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00367.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999787
false
Boekbronne Jump to navigation Jump to search Biblioteke Suid-Afrika: - Soek die boek in die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika se katalogus - Soek die boek in die SEALS Konsortium se biblioteek - Soek die boek in die Universiteit van Suid-Afrika se biblioteek - Soek die boek in die Universiteit van die Witwatersrand se biblioteek - Soek die boek in die Kaapse Hoër Onderwys Konsortium se biblioteek Wêreldwyd: - Soek die boek deur WorldCat in jou plaaslike biblioteek se katalogus Boekwinkels Suid-Afrika: Ander lande:
<urn:uuid:6a709e07-375f-4827-9740-39ad2931abeb>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Boekbronne/0-7407-5143-3
2019-07-19T10:41:05Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00127.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999935
false
Vertoon 'n samestelling van alle boekstawings van Wikipedia. U kan die resultate vernou deur 'n boekstaaftipe, gebruikersnaam (kas-sensitief) of spesifieke blad (ook kas-sensitief) te kies.
<urn:uuid:10a54fc9-140d-4c10-9893-a27839b7618e>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Logboek/%E9%8D%BE%E9%A1%93%E5%84%92
2019-07-19T11:04:54Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00127.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.996149
false
Lucas Malan Inhoud Lewe en werkWysig Lucas Cornelis Malan is op 19 Julie 1946 op Nylstroom gebore as die tweede jongste van ses kinders, vier seuns en twee dogters. Sy pa is ’n meubelmaker op die dorp. Hy gaan aanvanklik skool op Nylstroom en matrikuleer dan in 1963 aan die Pietersburg Hoërskool. Lucas skryf in 1964 by die Normaalkollege Pretoria in, waar hy in 1966 'n B.A.-graad behaal met Afrikaans-Nederlands en Kunsgeskiedenis as hoofvakke en 'n Transvaalse Hoër Onderwysdiploma in 1967. In 1968 word hy onderwyser in Afrikaans by die Hoër Seunskool Helpmekaar in Johannesburg, waar hy in die koshuis inwoon. In 1973 neem hy studieverlof en begin met sy B.A. Honneursgraad in Afrikaans en Nederlands aan die Randse Afrikaanse Universiteit, wat hy in 1974 verwerf.[1] In dieselfde jaar word hy aangestel as Departementshoof vir Afrikaans (Tweede Taal) aan Jeppe Boys High School in Johannesburg. In 1975 begin hy met sy M.A. aan die Universiteit van die Witwatersrand onder leiding van Ernst van Heerden, en in 1978 word hy die graad met lof toegeken, met ’n proefskrif getiteld “Barnard Gilliland se bydrae tot die Afrikaanse letterkunde”. Teen die einde van 1977 en begin 1978 bring hy ’n paar maande by die skryfster Eleanor Baker en haar man in Teheran in Iran deur en reis daarna vir ’n tyd deur Europa. By sy terugkeer gee hy weer vir ’n jaar skool by Jeppe Boys High waarna hy vanaf April 1979 aangestel word as lektor in Afrikaans by die Witwatersrand Technikon. Vanaf Januarie 1983 word hy dosent en in 1987 hoof van die Departement Afrikaans aan die Johannesburg College of Education. In 1984 behaal hy 'n tweede B.A. Honneursgraad, in Toegepaste Linguistiek, aan RAU en in 1989 sy D.Litt. aan die Universiteit van Pretoria met ’n proefskrif getiteld “Paradoks en parabool: ’n studie oor Ernst van Heerden se latere poësie”. Hy is aktief as literêre kritikus wat gereeld boeke resenseer vir koerante en tydskrifte en vanaf 1986 tot 1992 behartig hy ’n gereelde rubriek in De Kat oor die Afrikaanse poësie. Vir die Transvaalse Raad vir Uitvoerende Kunste (TRUK) vertaal hy ook ’n aantal verhoogtekste. Hy gee voordragte by verskeie geleenthede, soos in 1991 by die Grahamstadse Kunstefees oor eietydse taal- en kultuurvraagstukke, in 1993 by die Nasionale Leeskringseminaar in Welkom en verskeie kere by die Versindaba op Stellenbosch. Met die afsterf van Ernst van Heerden word hy aangestel as die literêre eksekuteur en word Van Heerden se private biblioteek aan hom bemaak, wat hy op sy beurt aan die Poëziecentrum in Gent, Vlaandere skenk. Hierdie skenking het ten doel om vergelykende letterkundestudies aan te moedig. Na sy dood word sy eie versameling ook aan die Poëziecentrum geskenk. Lucas was vir amper 30 jaar by die onderwys betrokke.[2] Lucas was ’n gereelde bydraer tot koerante en tydskrifte en sy resensies (toneel en letterkundig) en artikels verskyn in Rapport, Vrye Weekblad, Kalender, Karring, Die Transvaler en Beeld. Vanaf 1986 tot 1992 skryf hy ’n gereelde rubriek in De Kat oor die Afrikaanse poësie.[1] Hy het ook verskeie tydskrifverhale in Die Huisgenoot, Sarie en Rooi Rose laat publiseer. Een van die verhale word vir radio verwerk. In 1997 tree hy af en vestig hom op Darling in die Wes-Kaap. Hier gaan hy voort met die skryf van twee digbundels, skoolboeke, resensies en artikels vir Afrikaanse koerante en tydskrifte. Hy neem ook deel aan Sanlam-LitNet se aanlyn skryfskole, waardeur ontwikkelende skrywers wat nog nie ’n eie debuut gemaak het nie, deur gevestigde skrywers in die skryfproses gelei word. Lucas was ook gedurende 1999 en 2000 ’n gereelde skrywer van die daaglikse rubriek in Volksblad, "Stop van myne", wat later "Goeiemôre" word.[1] Hy is op 15 April 2010 in ’n hospitaal in Kaapstad oorlede weens komplikasies na ’n hartklepoperasie. SkryfwerkWysig Hy het as kind relatief min blootstelling aan literatuur en intellektuele stimulasie ontvang, en van sy kinderboeke onthou hy die Trompie-boeke op laerskool en "’n grootliks onverteerde King Lear in ons matriekjaar". "Dit was eers in 1971, toe ek Hubert Selby jr se verbluffende (en verbode) roman oor menslike leed en verval, Last exit to Brooklyn (1966), gelees het, dat ek besef het hoe skamel my mooi opvoeding was." PoësieWysig Hy begin om gedigte en enkele kortverhale in die sewentigerjare te publiseer in Tydskrif vir Letterkunde en Contrast en later publiseer hy ook in The bloody horse, Ensovoort en Standpunte. Sy digkuns word getipeer deur bedrewe vakmanskap in vormvaste verse oor die natuur, liefde, verlies, die aktualiteit van Suid-Afrika en die dood. Sy taalgebruik is standaard-Afrikaans, maar dit doen nie outyds of gedateer aan nie. Hy is verstegnies en tematies ’n klassieke digter, met uitstaande gebruik van metafore en beelding. 'n Bark vir die OntheemdesWysig In 1981 verskyn sy debuutbundel,[3]“’n Bark vir die ontheemdes”. Die titel verwys na ’n vaartuig[4] waarin die vervreemdes en verlatenes ’n reis na die beskutte wêreld van die poësie kan onderneem.[5] Die soeke na geborgenheid en ’n woning of vaste staanplek word nie net in hierdie bundel ondersoek nie, maar is ’n deurlopende tema in Malan se digkuns. Verskeie verse in die bundel ondersoek menswees en ontleed die mens en menslikheid, veral in terme van die lewensreis en die ellendigheid van bestaan. Die bundel word in twee genommerde afdelings verdeel, met die eerste afdeling wat hoofsaaklik liefdesverse bevat, met persoonlike ontheemding en hunkering na geborgenheid voorop. “Anatomieles” beskryf die simmetrie van die liggaam, met klem op die kwesbaarheid en broosheid daarvan, in teenstelling met die sentrale plasing van die “wilde soetvrug” van die geslag. Die seksuele word verken in gedigte soos “Verwagting” (met bevrugtingsbeelde uit die mensgemaakte tuin), “Astronomie” (met kosmiese vergelykings as suggestie van masturbasie) en “Metamorfose” (waar die beeld van ’n dolfyn sentraal staan). “Spraakverbruik” skets die verwarrende taalspel tussen geliefdes, wat later aanleiding gee tot verwarring in die verhouding. In “Op ’n wederkoms” is die tema van die skip of vaartuig wat die ontheemde na die geliefde moet vervoer sentraal, met die geliefde wat altyd ontwykend blyk te wees en die laaste twee versreëls wat suggereer dat ook hierdie reis in teleurstelling sal eindig. Die ontroue minnaar is die tema van “Jakkalsdraai” en “Ewige minnaar”. Die tweede afdeling se gedigte is meer bespiegelend van aard met gedigte oor die aard en sin van lewe, hunkering na die verlede, bedreiging van oorlogsgeweld en die apokalips. In die proses word die fases van die lewensreis weergegee. “Stamboom” skets die wesenstrekke van die erfenis wat die spreker van sy voorgeslagte ontvang, waar die saamgestelde skuld afkomstig van die konsentrasie van konserwatiewe geloof vergroei tot bitsigheid en venyn. “Fetus-foto” is aanduidend van die voorgeboortelike belofte, terwyl “Betoog” die jeug uitbeeld. In “Herinneringe” word die ouderdom beskryf, met die verlange na die jeug. “Afgetrede paar” is ’n gevoelige uitbeelding van die twee oumense wat in die verassing in die kaggelvuur hulle eie onafwendbare dood sien. “Storm oor Johannesburg” beeld die donderstorm uit met verwysing na die mitologie, terwyl “Skudding in Johannesburg” die aardskudding uitbeeld as die orgasme van ’n ou vrou. TydspoorWysig Die debuut word gevolg deur “Tydspoor”[6] waarin die titel die verbygaan van tyd en reise impliseer,[7] terwyl tyd ook ’n spoor of merk agterlaat. Hierdie spore is ook simbolies van vooruitgang en die gedigte bevat dan ook deurgaans ’n suggestie van lewenskragtigheid en groei. In die bundel word verbande gelê tussen generasies en tydperke, met die impak wat die verlede steeds op die hede het as kern. Die verskille tussen toe en nou word verken[8] met telkens verrassende insigte. Die bundel word in drie afdelings verdeel. “Spoke en verwante” bevat gedigte met ’n terugkerende motief van eenheid [9] wat uit brokke en skerwe te voorskyn kom en die teenoorgestelde is van eenheid wat versplinter. Sommige van hierdie gedigte is jeugherinneringe. In “Wintergroei” is die oopskop van ’n ou fles in ’n tuin die katalisator vir die onthou van ’n hele rits simbole van die gelukkige verlede, met die seisoen wat saam met die herinneringe verander[10] na die somer wat gepaardgaan met daardie herinneringe. “Gesinsportret” herroep ’n Sondagmaal en die atmosfeer daarvan. “Versoening” is ’n poging van die spreker om met die gestorwe vader vrede te maak deur ook bome in sy tuin te plant wat gebruik kan word om meubels te maak, iets wat die vader se passie was. Die afdeling “Galery” se gedigte gaan oor beelde en figure. Hier word soms na skilderye verwys, soos in “Tête d’arlequin II” na aanleiding van die bekende Picasso-skildery van ’n harlekyn wat deur die Johannesburgse Kunsmuseum aangekoop is. “Sprokie” verwys na Sheila Cussons en is ’n toespeling op haar gedig “Kleindorpse fragment”, met die laaste strofe wat doeltreffend die titels van haar digbundels “Verf en vlam” en “Knetterende woord” saamvat. “Retoriese vraag” is daarenteen ’n toespeling op Elisabeth Eybers se gedig “Twee kleuters in die Vondelpark”. In die derde afdeling (“Ander kante”), word die relatiewe aard van die aarde bewoord, met ’n grootse visie op goddelike skepping en skeppingskrag. “Terra minora” is ’n uitbeelding van God se skeppingsaksie, terwyl “Antropologie” die mens se evolusie as tema het. “Vader Tyd” is ’n geestige verslag van tyd se onverbiddelike voortgang, terwyl “Pagters” hierby aansluit in sy weergawe van die tydelikheid van verblyf en die wisselende seisoene. “Taksonomie II” sluit tematies aan by sy debuutbundel, waar skepe in watter vorm ook al slegs gesien word as ’n vaartuig op soek na ’n ankerplek. EdenboomWysig “Edenboom”[11] is in 1987 op die kortlys vir die C.N.A.-prys en is eindelik die naaswenner.[12] Die titel verwys na die boom wat in die middel van die paradys staan, as’t ware in die sentrum van die mens se wete, wat dien as simbool van die gevalle mens se verlore paradys.[13] Die mens het dan ’n ontheemde in die paradys geword. In die bundel word gedig oor die lewensloop, die verlede en die toekoms, lewe en dood en die mens se verbintenis met die natuur, veral bome en tuine. Begin en einde, lewe en dood vloei in mekaar in (soos water, wat ook ’n belangrike beeld in die bundel is) sodat selfs die dood dan gevier kan word as nuwe begin. Die bundel is ’n herinnering aan die dinge en mense wat verby is, en ’n verwondering oor die heiligheid en waardigheid van lewe, mens en natuur selfs te midde van die dood. Daar is drie afdelings. “Chronieke” se titel verwys na “chronos” of tyd op sy mees omvattende wyse, waarin gedigte van herinnering, meermale uit die kind se perspektief, opgeneem word. Die belewenisse (kronieke) en die chroniese kwellings van die mens word hier bewoord. “Kroniek I” en “Kroniek II” is gedigte oor familie wat die afdeling open en afsluit. Die titels verbind hierdie gedigte reeds en beide staan in die teken van die sloping wat tyd meebring en die sterfte van geliefdes, met hulle lewens vervleg met die tuin en die natuur. “Lugtig” beskryf die doodgaan van ’n mens, met die dubbelpunt aan die einde wat ’n treffende suggestie van die ewigdurende sikliese aard van die gebeurtenis is. In “Plakboek” word die herinneringe as storieboek van die verlede afgemaak. In die afdeling “Spitsberaad” verwys die beraad na oorleg of ernstige oorweging en nadenke, met spits wat na sy veelvuldige betekenisse kan verwys, insluitende skerp of punt, asook na die uitdrukkings “ore spits” en “op die spits dryf”. Hierin word die gebrek aan kommunikasie en die onvoltooidheid van alle gespreksvoering ondersoek. “Reisplan” skets die lewensreis se volgehoue verkenning wat nooit die verlangde bestemming bereik nie. “Die leer van bome” skets sekere hoofmomente uit die lewe van Christus wat in verband staan met bome, met die slotstrofe wat die legende verwerk dat Christus se trane die nag voor sy teregstelling in die olyfbome in die tuin van Getsemane opgevang is, vandaar die vrank smaak van olywe. Indrukwekkend in hierdie gedig is hoe daarin geslaag word om eksplisiete didaktiek te vermy en die boodskap deur middel van beelding oor te dra. “8 April 1986” beeld die koms van die winter en die doodgaan van die bome in die natuur uit, wat ’n sterk ooreenkoms toon met die gemoedstoestand van die mense in hierdie tyd. Die afdeling “Aquaria” se titel verwys na water, wat die onmisbaarheid hiervan vir mens, dier en plant aksentueer. “Klag van die sterre” stel die sterre aan die woord wat kla oor die feit dat die mense hulle ontluister en gereduseer het tot wiskundige berekenings en bewegings in kosmiese bane, met die mens wat as indringer in hulle grense in beweeg. “Drieluik: die besoek” beskryf die naderende dood in ’n boeiende toespeling op die Middeleeuse “Elckerlijc”. KaartehuisWysig “Kaartehuis”[14] se titel verwys na die broosheid van ons lewe op aarde, ’n huis wat ’n verbeelde ruimte van veiligheid is, maar wat dikwels intuimel.[15] Kaartspel is ook ’n belangrike motief en die afdelings se titels is na aanleiding van die vier kaartsoorte “Klawer”, “Hartens”, “Ruitens” en “Skoppensboer”, met agtereenvolgens assosiasies met die natuur en huis, liefde,[16] rykdom soos vervat in edelgesteentes, klip en kunstenaarskap en laastens die dood, veral afgestorwe geliefdes [17] en die noodlot. Die oorwegende toonaard is dié van melancholie, met gevoelens van vrees, verlies,[18] ontoereikendheid, eensaamheid en verganklikheid wat voorop gestel word. Die bundel kulmineer met die genesende engel van Betesda wat teenoor die engel van die dood gestel word. Weer eens beïndruk die verweefdheid van die bundelmotiewe en die inspeel van die gedigte op mekaar om só ’n indrukwekkende geheel te vorm. Die bundeleenheid word verder versterk deur die “In camera”-gedigte waarmee elke afdeling afsluit. Hierdie gedigte het die brose mens en sy huis as kern. “Klawer” se gedigte het die natuur en huis en algaande leegheid en die dood as tema, met “Bestek” wat die vreugde van die ordening van die tuin, die terugkeer van die voëls en die blommeprag beskryf. “Boodskap” kondig die aankoms van die winter se dorheid aan, terwyl die drie “Skildwag” gedigte toenemend oor dood en vrees handel. Die drie “Huis” gedigte gee inhoud aan die bundeltitel, waar “Huis 1” ’n versaakte huis is en dus sonder vreugde en leweloos; “Huis 2” se sierlikheid mis die kindervreugde en die speelgoed staan ongebruik, asof verstar; terwyl “Huis 3” slegs yl beskutting van bome het, met die sipresse in die laaste strofe wat die dood suggereer. Die afdeling “Hartens” se oorheersende tema is liefde, maar dan veral die onbevredigde soeke daarna. “Vrug” se toespeling is op die sondeval, maar met ’n drang na die liggaamlike bevrediging. Daar is egter ’n bewussyn dat liggaamlike bevrediging sonder die kans van voortplanting slegs tot skuldgevoel lei (“Parket”) en in “Naastelik”, wat in Hillbrow afspeel, word die liggaamlike bevrediging slegs ’n lyfkontrak waar mense mekaar slegs gebruik. “Nawoord” beskryf die afgelope verhouding as bruikleen. Die afdeling “Ruitens” se tema is veral rykdom soos vervat in edelgesteentes, klip en kunstenaarskap. “Verwante” skets op ligte wyse die verwantskap tussen edelgesteentes. Die drie “Klipskrif” gedigte hanteer die verbintenis tussen taal en klip, met “Klipskrif 3” wat verwys na die geskrif op die graniet van die grafsteen. “Skoppens” se oorheersende tema is die dood. Met gedigtitels soos “Hulle”, “Jy”, “Ons”, “Hy” en “Julle” word naamlose dooies bespreek. “Ukhozi” beskryf die selfdoodsprong van ’n swart man van die sewende verdieping van ’n gebou, waar die saaklike koerantberig en foto gekontrasteer word met die gedagtes en gevoelens van die slagoffer. Die bundel sluit af met die boeiende “In camera 4”, waarin die Uilhuis in Nieu-Bethesda beskryf word (ook die onderwerp van Athol Fugard se drama “The road to Mecca”), met die gerusstellende slot versreëls dat heling plaasvind deur loutering. Hierdie bundel word in 1990 genomineer vir die Rapportprys. HongergrondWysig Die opset van “Hongergrond[19]” is baie ambisieus, aangesien Malan hier ’n epiese gedigtereeks skryf, beginnende met die Oerknal [20] en met insluiting van die besettingsgeskiedenis aan die suidpunt van Afrika. In die gedigtereeks word die mens uitgebeeld as gierigaard wat nooit moeg word om nog meer te gryp nie.[21] Hierdie hebsug is die sentrale verbindingsmiddel waardeur die digter die beskrywing van en besinning oor die geskiedenis koppel.[22] Sonder om streng chronologies te werk te gaan of van sentrale karakters gebruik te maak, word grepe uit die geskiedenis uitgebeeld.[17] Die eerste afdeling (“Oorsprong”) behandel die oerknal en die ontstaan van die heelal en later die mens. Met die beskrywing van die mens as ’n wese wat onmiddellik weet “dat hy kan vat”, word die motief van hebsug in die gedig ingelei. Die aanduiding van begraafplase soos Delvillebos, Vegterskop en Arlington suggereer dan dat die mens telkens ook die prooi word van sy eie hebsug en die geweld wat daaruit voortspruit, hoewel uit die bloed wat gestort word altyd weer nuwe lewe voortspruit. Die eerste deel van hierdie gedig word afgesluit met ’n dubbelpunt, wat daarop dui dat die tweede deel voorbeelde gee van die mens se voortdurende smagting na dit wat hy nie het nie. Hierdie voorbeelde is Caligula, die seun van Germanicus en latere keiser van die Romeinse Ryk, veral bekend om sy wreedheid en magsug, wat niks en niemand ontsien het om te kry wat hy wil hê nie maar eindelik slagoffer word van sy ambisie; Salomé, dogter van koning Herodes wat Johannes die Doper se kop op ’n skinkbord geëis het omdat Johannes nie voor haar sjarme wou swig nie; en koningin Elizabeth I wat in haar drang om alleenheerser van Brittanje te wees vir Maria Stuart ter dood veroordeel. “Aantog I” is die tweede afdeling, waarin Afrika en die Britse koloniale magshonger uitgebeeld word. Die mens fokus op ruilhandel en oorheersing, met opeenvolgende ryke wat vergaan en eindelik is dit slegs die vernietiging en dood wat oorbly. “Aantog II” bou voort hierop, met die mens wat deur sy hebsug na grond en mag gedryf word. Die Afrikaner geskiedenis kom hier aan die bod, vanaf die Here XVII tot met die Voortrekkers en Cecil John Rhodes. In die afdeling “Altaar” is dit die hedendaagse Suid-Afrika wat die onderwerp is, met die spanning en lyding wat gesien word as afkomstig van Adamastor, die gees van die Stormkaap wat op veelvuldige maniere sy slagoffers eis. Die bundel sluit af met die vernuftige slotreëls, waarin die vleesgeworde Christus (Johannes 1: 14) en die ANC se Vryheidsmanifes intertekstueel betrek word in die pleidooi dat die mens nie altyd net sal wil gryp nie, maar ook sal gee. Hierdie gedigtereeks is ’n interessante toevoeging tot die Afrikaanse digkuns, wat die leser dwing tot besinning oor die geskiedenis en toekoms van die suidpunt van Afrika. AfstandeWysig “Afstande”[23] bevestig Malan se prominente plek as[24] belangrike digter en toon volgehoue groei in sy oeuvre.[25] Hy skryf nou ’n effens vryer vers en balanseer die gedigte fyn tussen waarneming, beelding en meditasie. Die verse toon ’n sterk onderlinge samehang en verkry maksimum impak eers nadat dit in samehang gelees is binne die oorkoepelende tematiese geheel. Die bundel ondersoek veral verlies, afstand doen en oud word. Hierdie afstande geskied op verskeie maniere, soos ’n bewussyn van fisiese verwydering van geliefdes, verwydering tussen dooies en lewendes, verlies aan samesyn met vriende, afstand tussen hede en verlede. Dit word ook ’n beskrywing van die vervlietende, waar die oomblik vasgevang word in skerp waarneming. Die bundel is in vier genommerde afdelings verdeel. Die eerste afdeling bevat verse oor selfportrette en outobiografiese verse. “Selfportret” gee aan die hand van Rembrandt se talle skilderye van homself oor die jare die swier en hoop van die jeug en die aftakeling en verdriet van die ouderdom, wat dan op die self van toepassing gemaak word. Die somber ondertoon van die bundel word in ’n gedig soos die geestige “Stella – ‘for star’” ietwat opgelig, met die paring van twee honde en die gewaande verdriet van die teef wanneer sy daarna verlaat word as tema. “Huis Herfsblaar” verwys na die oord waar Ernst van Heerden sy laaste dae geslyt het. In “Genepoel” betrag die spreker homself en sien hoe hy nes die voorgeslagte besig is om liggaamlik te verval, met die troos dat die lyf se verval slegs verduur kan word, maar dat inbors ’n meer standhoudende keuse is. Die tweede afdeling behandel gestorwe vriende en geliefdes, met “Die swart skip kom” wat ’n elegie is aan Ernst van Heerden en “Kambro-kind” wat geskryf is na aanleiding van F.A. Venter se dood. Die drie “Telkom-gesprek met my ma” gedigte is denkbeeldige gesprekke met die oorlede moeder en hekel die verknogtheid wat die mens aan die aardse lewe het en die dinge wat hier vir ons belangrik is. In “8 April 2001” word die onafwendbaarheid van die naderende dood beskryf, met die wete dat vele dinge wat beplan maar onuitgevoer is, nou versaak sal moet word. Dit lei egter tot groter aanvaarding en berusting en die besef dat verlies die grootste sekerheid in die lewe is. Plante en diere is die oorheersende temas in die derde afdeling, met “Phaseolus vulgaris”, “Luctuca sativa” en “Cucurbita maxima”, die Latynse plantname vir onderskeidelik die boontjie, slaaikoppie en pampoen, wat telkemale die onderwerp vermenslik. Ook die vlieg, die vark, die by, die kweper, die skilpad, voëls, die bobbejane en paddas word in bekoorlike verse beskryf. In die laaste afdeling is gedigte met die spanning of afstand tussen mens en natuur as deurlopende tema. VermaningWysig “Vermaning” [26] se deurlopende tema is die tyd wat ’n dinamiese proses is van volloop en leegloop, wat deur die maan se voortdurende siklusse gesimboliseer word. Die maan kom ook op, styg en gaan onder. Hierdie siklusse ondersteun die sentrale gedagte van siklisiteit, verganklikheid en die groter omvattende plan van dinge. Die mens word binne hierdie groter plan gemaan om te besin oor eie posisie in die heelal en eie nietigheid, waar alles binne die tekens van aankoms en vertrek staan. In hierdie breë konteks word, soos in die titel, vernuftige woordspel gebruik rondom “maan” om te waarsku (“vermaan”) en om die aardse teenoor die geestelike en die ruimer heelal te stel (“ondermaanse”). Die bundel bevat drie ongetitelde afdelings. Die eerste afdeling beklemtoon die menslike kondisie en die konsep van tydsverloop, die tweede die vertrek of dood van bekendes, troeteldiere en verhoudings en die derde besin oor die aanbreek van ’n nuwe seisoen. Waar die digter steeds sy kenmerkende tegniese vakmanskap ten toon stel, is die gedigte in die bundel nietemin effens vryer van vorm, wat ’n groter intimiteit in die hand werk. Van sy gedigte word in verskeie versamelbundels opgeneem, insluitende “Groot verseboek”, “Die Afrikaanse poësie in ’n duisend en enkele gedigte”, “Digters en digkuns”, “Die dye trek die dye aan”, “Goudaar”, “Kraaines”, “Majesteit, die kat”, “Die goue vreugde”, “Voorspraak” en “Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte”. ProsaWysig Hy lewer ook werk as letterkundige. Sy proefskrif vir sy doktorsgraad oor Ernst van Heerden se latere poësie word as “Paradoks en parabool” gepubliseer. Hierdie boek word in 1993 genomineer vir die Rapportprys vir nie-fiksie. Verskeie handboeke vir die studie van taal en letterkunde verskyn uit sy pen, waaronder “Afrikaans vir andertaliges”, “Bladsak” (’n keuse en handleidings oor die poësie), “Afrikaans is piekfyn” (’n gids by die bestudering van kortprosa en poësie na aanleiding van die bloemlesings “Skakering” en “Kinders van die aarde”), en “Versjoernaal” (literêre kritiek oor ’n nuwe benadering tot poësie). By geleentheid van Ernst van Heerden se 75e verjaarsdag stel hy saam met Gerrit Olivier in 1991 die bundel[27] “Verse vir Ernst” saam en met Hennie Aucamp se sewentigste verjaarsdag versorg hy saam met Lina Spies die huldigingsbundel[28] “’n Skrywer by sonsopkoms”. Sy eerste gepubliseerde werk is die jeugverhaal “Die skat in die kelder”. Reeds as student verskyn enkele kort prosastukke van hom in Tydskrif vir Letterkunde. Terwyl hy onderwys gee skryf hy verskeie tydskrifverhale, wat in Die Huisgenoot, Rooi Rose, Sarie Marais, Die Transvaler en ook Tydskrif vir Letterkunde verskyn. Sy kortverhaal “Onderstroom”, oorspronklik gepubliseer in Tydskrif vir Letterkunde van November 1977, word deur Hennie Aucamp in “Blommetjie gedenk aan my” opgeneem en “Die geskenk”, oorspronklik in Die Transvaler van 29 September 1979, word opgeneem in “Vuurslag”. Die skets “Katkisasie” word deur Lina Spies opgeneem in die versamelbundel “Majesteit, die kat”. DramaWysig Hy skryf ook radiodramas en “Die jaar van die yskaste” verower in 1986 ’n derde plek in Radio Suid-Afrika se landswye kompetisie. Hierdie drama is geskryf vir die eeufeesjaar van Johannesburg en bied ’n nostalgiese terugblik op die lewe in Hillbrow soos dit was in die later jare van die apartheidsera. Een van sy tydskrifverhale, “Die vennootskap”, word vir die radio verwerk en op Kleinteater in die Afrikaanse diens van die SAUK uitgesaai. PublikasiesWysig Jaar | Publikasies | ---|---| 1980 | Die skat in die kelder | 1981 | ’n Bark vir die ontheemdes | 1985 | Tydspoor | 1987 | Edenboom | 1988 | Afrikaans vir andertaliges | 1990 | Kaartehuis | 1992 | Paradoks en parabool | 1994 | Hongergrond | 2002 | Afstande | 2006 | Afrikaans is piekfyn | 2008 | Vermaning | Versjoernaal | | Samesteller | | 1991 | Verse vir Ernst | 1996 | Bladsak | 2004 | ’n Skrywer by sonsopkoms (saam met Lina Spies) | BronnelysWysig BoekeWysig - Askes, H. en Landman, J.N. (samestellers) “Voorspraak” Tafelberg-Uitgewers Beperk Kaapstad Eerste uitgawe Tiende druk 1994 - Beukes, Marthinus “Lucas Malan (1946-)” in Van Coller, H.P. (red.) “Perspektief en Profiel Deel 3” Van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 2006 - Grové, A.P. “Letterkundige sakwoordeboek vir Afrikaans” Nasou Beperk Vyfde uitgawe Eerste druk 1988 - Kannemeyer, J.C. (red.) “Kraaines” Human & Rousseau Kaapstad en Johannesburg Eerste uitgawe 1988 - Kannemeyer, J.C. “Verse vir die vraestel” Tafelberg-Uitgewers Beperk Eerste uitgawe 1998 - Kannemeyer, J.C. “Die Afrikaanse literatuur 1652-2004” Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe 2005 - Nienaber, P.J., Roodt, P.H. en Snyman, N.J. (samestellers) “Digters en digkuns” Perskor-Uitgewers Kaapstad Vyfde uitgawe Sewende druk 2007 - Van Coller, H.P. (red.) “Perspektief en Profiel Deel 3” Van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 2006 Tydskrifte en koeranteWysig - De Vries, Willem “Digter was meesterlike meester” Beeld” 16 April 2010 - Engelbrecht, Theunis “Verlies van paradyslike in Malan se poësie verwoord” “Beeld” 17 Oktober 1991 - Kannemeyer, J.C. “Oor ‘Edenboom’” “Tydskrif vir Letterkunde” Jaargang 26 no. 2, Mei 1988 - Nieuwoudt, Stephanie “Geïnspireer deur Weskus se maan en sterre” “Beeld” 27 Oktober 2008 - Van Heerden, Ernst “Die digterskap van Lucas Malan” “Tydskrif vir Letterkunde” Jaargang 26 no. 1 Februarie 1988 - Visagie, Andries “Digters met die maan gepla” By” 14 November 2009 InternetWysig - Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Malan,_Lucas - LitNet ATKV-Skrywersalbum 22. September 2008: www.litnet.co.za - LitNet: http://www.litnet.co.za/author/lucas-malan/ - NB-Uitgewers: http://www.nb.co.za/authors/273 - Poetry International: http://www.poetryinternationalweb.net/pi/site/poet/item/14960/10/Lucas-Malan - Poëziecentrum: http://www.poeziecentrum.be/nieuws/nalatenschap-van-zuid-afrikaanse-dichter-lucas-malan-opgenomen-de-ernst-van-heerden-collectie - Versindaba: http://versindaba.co.za/2012/02/10/lucas-malan-vertaling-in-engels/ - Versindaba: http://versindaba.co.za/gedigte/lucas-malan/ - Worldcat: http://www.worldcat.org/identities/lccn-n85-6409/ Ongepubliseerde dokumenteWysig - Malan, Lucas “Lewenskets” Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) Bloemfontein 26 Julie 1982 VerwysingsWysig - Terblanche, E. "Lucas Malan (1946–2010)", LitNet. https://archive.is/UMDW - http://www.poetryinternational.org/piw_cms/cms/cms_module/index.php?obj_id=14960 - Brink, André P. “Standpunte” Nuwe reeks 161, Oktober 1982 - Cloete, T.T. “Tydskrif vir Geesteswetenskappe” Jaargang 22 no. 2, Junie 1982 - Olivier, Fanie “Die Transvaler” 1 Maart 1982 - Brink, André P. “Rapport” 14 Julie 1985 - Cloete, T.T. “Tydskrif vir Letterkunde” Jaargang 24 no. 4, November 1986 - Grové, A.P. “Tydskrif vir Geesteswetenskappe” Jaargang 25 no. 3, September 1985 - Hambidge, Joan “Beeld” 29 Julie 1985 - Le Roux, André “Die Burger” 5 September 1985 - Brink, André P. “Rapport” 20 Desember 1987 - Grové, A.P. “Tydskrif vir Geesteswetenskappe” Jaargang 28 no. 3, September 1988 - Toerien, Barend J. “Die Burger” 17 Maart 1988 - Gouws, Tom “Rapport” 10 Maart 1991 - Grové, A.P. “Tydskrif vir Geesteswetenskappe” Jaargang 31 no. 3, September 1991 - Kannemeyer, J.C. “Die Burger” 12 Maart 1991 - Kannemeyer, J.C. “Op weg na 2000” Tafelberg-Uitgewers Beperk Eerste uitgawe 1998 - Pieterse, Henning “Insig” Mei 1991 - Grové, A.P. “Tydskrif vir Geesteswetenskappe” Jaargang 35 no. 3, September 1995 - Hambidge, Joan “Die Burger” 11 Januarie 1995 - Hambidge, Joan “Tydskrif vir Letterkunde” Jaargang 33 no. 4, November 1995 - Kannemeyer, J.C. “Rapport” 20 November 1994 - Hugo, Daniel “Rapport” 7 September 2003 - John, Philip “Beeld” 27 Januarie 2003 - Pieterse, H.J. “Insig” Maart 2003 - Bezuidenhout, Zandra “Tydskrif vir Letterkunde” Jaargang 45 no. 2, Lente 2008 - Du Plessis, Phil “Die Burger” 14 Mei 1991 - Venter, L.S. “Beeld” 21 Junie 2004
<urn:uuid:bc735bc9-99bc-415d-ae73-54997fb57378>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Lucas_Malan
2019-07-20T15:59:54Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526536.46/warc/CC-MAIN-20190720153215-20190720175215-00287.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999998
false
Kleinbyvanger Die kleinbyvanger (Dicrurus ludwigii) is 'n skaars tot algemene standvoël wat in die Oostelike kusgebiede van Suider-Afrika voorkom. Die voël leef gewoonlik in pare saam. In Engels staan die voël bekend as die Square-tailed Drongo. Kleinbyvanger | |||||||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Bewaringstatus | |||||||||||||||| Wetenskaplike klassifikasie | |||||||||||||||| Binomiale naam | |||||||||||||||| Dicrurus ludwigii Smith, 1834 | IdentifikasieWysig Die voël is 18 tot 19 cm lank en weeg 20 tot 40 gram. Dit is kleiner as die Mikstertbyvanger; die mikstert is korter en vlakker. Die hoofslagvere is donker in vlug. Dit word onderskei van die Swartvlieëvanger deur laasgenoemde se swaar snawel en rooi oë. Die voël word onderskei van die Swartkatakoeroe deur sy regop houding, gewoontes en swart (nie geel nie) bekgaping. Die jong voël se vlerkdekvere, mantel- en borskantvere het ligte punte.
<urn:uuid:af6d41f4-4c5e-44f2-9d99-1499d9ccfede>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Dicrurus_ludwigii
2019-07-15T18:41:59Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195523840.34/warc/CC-MAIN-20190715175205-20190715201205-00231.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999712
false
Oksaalsuur chemiese verbinding Algemeen | | ---|---| Naam | Oksaalsuur | Ander name | etaandikarboksielsuur | Chemiese formule | (COOH)2(.2H2O) | Molêre massa | 1126,07 g/mol (dihidr.) | CAS-nommer | 144-62-7 (anhidraat)[1] 6153-56-6 (dihidraat)[2] | Voorkoms | Kleurlose, wit kristalle; anhidraat higroskopies | Fasegedrag | | Smeltpunt | 189,5 (anhid.), 101 (dihidr.) | Kookpunt | ontbind 157 (dihidr) | Digtheid | 1,653 g/cm3 (dihidr.) | Oplosbaarheid | | Suur-basis eienskappe | | pKa | 1,23 (1ste), 4,19 (2de) | Veiligheid | | Flitspunt | | LD50 | 7500 mg/kg (rot; oraal) | Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | | Suiwer oksaalsuur is 'n vastestof wat taamlik higroskopies is. Dit word gewoonlik as die dihidraat (COOH)2.2H2O verkoop.
<urn:uuid:8541f6c1-e88b-40e5-ae54-4be71f93c356>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Oksaalsuur
2019-07-15T17:59:26Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195523840.34/warc/CC-MAIN-20190715175205-20190715201205-00231.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.984854
false
Boekbronne Biblioteke Suid-Afrika: - Soek die boek in die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika se katalogus - Soek die boek in die SEALS Konsortium se biblioteek - Soek die boek in die Universiteit van Suid-Afrika se biblioteek - Soek die boek in die Universiteit van die Witwatersrand se biblioteek - Soek die boek in die Kaapse Hoër Onderwys Konsortium se biblioteek Wêreldwyd: - Soek die boek deur WorldCat in jou plaaslike biblioteek se katalogus Boekwinkels Suid-Afrika: Ander lande:
<urn:uuid:dcbe2514-4ade-40a7-8f89-658fbf5b06d0>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Boekbronne/9781868421862
2019-07-15T17:53:30Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195523840.34/warc/CC-MAIN-20190715175205-20190715201205-00231.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999966
false
Bespreking:Kontinentskuiwing Jump to navigation Jump to search Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Kontinentskuiwing-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. | Artikelriglyne Daaglikse bladtrekke | |
<urn:uuid:086e1985-34fe-4f99-8953-cb9541b4e820>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Kontinentskuiwing
2019-07-19T10:33:20Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00151.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999979
false
Hulp Bladsye wat na "Veranderlike ster" skakel ← Veranderlike ster Jump to navigation Jump to search Skakels hierheen Bladsy: Naamruimte: alle (Hoof) Bespreking Gebruiker Gebruikerbespreking Wikipedia Wikipediabespreking Lêer Lêerbespreking MediaWiki MediaWikibespreking Sjabloon Sjabloonbespreking Hulp Hulpbespreking Kategorie Kategoriebespreking Portaal Portaalbespreking Module Module talk Gadget Gadget talk Gadget definition Gadget definition talk Omgekeerde seleksie Filters Versteek insluitings | Versteek skakels | Versteek aansture Die volgende bladsye skakel na Veranderlike ster : Wys (vorige 50 | volgende 50 ) ( 20 50 100 250 500 ). Kategorie:Sterrekunde ( ← skakels wysig ) Sterrebeeld ( ← skakels wysig ) Swartkolk ( ← skakels wysig ) Supernova ( ← skakels wysig ) Wikipedia:Voorbladartikel ( ← skakels wysig ) Groot Beer ( ← skakels wysig ) Lys van grootste sterre ( ← skakels wysig ) Ster ( ← skakels wysig ) Gebruiker:Burgert Behr ( ← skakels wysig ) Sterrestelsel ( ← skakels wysig ) Heelal ( ← skakels wysig ) Hoofreeks ( ← skakels wysig ) Gebruiker:Burgert Behr/Allerlei ( ← skakels wysig ) Sterreswerm ( ← skakels wysig ) Dubbelster ( ← skakels wysig ) Superreus ( ← skakels wysig ) Hiperreus ( ← skakels wysig ) Helder reus ( ← skakels wysig ) Reusester ( ← skakels wysig ) Subreusester ( ← skakels wysig ) Subdwergster ( ← skakels wysig ) Witdwerg ( ← skakels wysig ) Rooidwerg ( ← skakels wysig ) Bruindwerg ( ← skakels wysig ) Sterreklassifikasie ( ← skakels wysig ) Andromeda (sterrebeeld) ( ← skakels wysig ) Passer (sterrebeeld) ( ← skakels wysig ) Noordelike Waterslang ( ← skakels wysig ) Berenike se Hare ( ← skakels wysig ) Sterrepatroon ( ← skakels wysig ) Newel ( ← skakels wysig ) Neutronster ( ← skakels wysig ) Draak (sterrebeeld) ( ← skakels wysig ) Poolster ( ← skakels wysig ) Kefeus (sterrebeeld) ( ← skakels wysig ) Jaghonde (sterrebeeld) ( ← skakels wysig ) Perseus (sterrebeeld) ( ← skakels wysig ) Weegskaal (sterrebeeld) ( ← skakels wysig ) Skerpioen (sterrebeeld) ( ← skakels wysig ) Maagd (sterrebeeld) ( ← skakels wysig ) Leeu (sterrebeeld) ( ← skakels wysig ) Klein Leeu ( ← skakels wysig ) Tweeling (sterrebeeld) ( ← skakels wysig ) Veelvoudige ster ( ← skakels wysig ) Jagter (sterrebeeld) ( ← skakels wysig ) Groot Hond (sterrebeeld) ( ← skakels wysig ) Eenhoring (sterrebeeld) ( ← skakels wysig ) Multiversum ( ← skakels wysig ) Sterrestelselswerm ( ← skakels wysig ) Superswerm ( ← skakels wysig ) Wys (vorige 50 | volgende 50 ) ( 20 50 100 250 500 ). Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Veranderlike_ster " Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Gereedskap Spesiale bladsye Drukbare weergawe Ander tale Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:141233b4-226a-442a-8de8-7f7db8db8795>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Veranderlike_ster
2019-07-19T10:44:50Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00151.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99911
false
Maak hoofkeuseskerm oop Soek Wysigings ← Ouer wysiging Nuwer wysiging → 1923 (wysig) Wysiging soos op 11:16, 30 Julie 2013 75 grepe bygevoeg , 5 jaar gelede →Geboortes : Verbeter * [[1 September]] – [[Rocky Marciano]], Swaargewig bokskampioen van die Wêreld. * [[4 September]] – [[Gideon Joubert]], Suid-Afrikaanse verslaggewer en skrywer († [[2010]]). * [[4 Oktober]] – [[Charlton Heston]], Amerikaanse akteur († [[2008]]) * [[20 Oktober]] – [[Otfried Preussler]], Duitse kinderboekskrywer († [[2013]]). * [[7 November]] – [[Morkel van Tonder]], Afrikaanse radio-omroeper († [[2013]]). Oesjaar Administrateurs 102 895 wysigings Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/1192131 "
<urn:uuid:a5afb0f4-7095-420a-839a-8ea224d3a02c>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/1192131
2019-07-21T21:35:22Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527204.71/warc/CC-MAIN-20190721205413-20190721231413-00471.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.981582
false
Kategorie:Geboue en strukture volgens nedersettings Jump to navigation Jump to search Wikimedia Commons bevat media in verband met Buildings by country. | Subkategorieë Hierdie kategorie bevat die volgende 11 subkategorië, uit 'n totaal van 11. I - M - S -
<urn:uuid:a575aca5-0242-4601-b4ea-eabcb5f3f97f>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Geboue_en_strukture_volgens_nedersettings
2019-07-19T10:30:28Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00175.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.983653
false
NG gemeente Middelburg, Kaap Die NG gemeente Middelburg (Kaap) was 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die teenswoordige provinsie Oos-Kaap wat op 19 Mei 1852 gestig is as die 10de gemeente in die latere Sinode van Oos-Kaapland en die 49ste oudste gemeente in die NG Kerk, maar het op 13 September 2010 met die NG gemeente Middelburg-Uitsig saamgesmelt as die NG gemeente Middelburg-Karoo. Dit is die oudste gemeente wat amptelik ophou bestaan het of opnuut gestig is deur inlywing of samesmelting. Inhoud StigtingWysig Teen die middel van die 19de eeu het die gemeente Colesberg ook die wyk Rhenosterberg ingesluit. Vanweë swak vervoergeriewe destyds, asook die lang afstande na die kerk op Colesberg, het gemeentelede in hierdie verafgeleë wyk daarna gestreef om 'n afsonderlike gemeente te stig. Hierin is hulle gesteun deur lidmate in die aangrensende uithoeke van die gemeentes Graaff-Reinet, Cradock en Richmond. Nadat 'n naamlys van persone wat begerig was om 'n nuwe gemeente te stig, voorgelê is, het die kerkraad van Colesberg op 6 April 1852 soos volg besluit: “De Wel-Eerw. Kerkraad van Colesberg geeft met deze een volkomene toestemming tot de nieuwe oprichting op Driefontein en bidt dat die Albestierende Opperhoofd der Kerk de belanghebbers goedgunstig bestieren wil, en hun voornemens spoedig wil doen gelukken.” So het dit dan gebeur dat die nuwe gemeente, Middelburg, op 19 Mei 1852 gestig is op die plaas Driefontein wat vir dié doel aangekoop is deur bemiddeling van die twee here Willem S. Smit en Henning J.H. Coetzee. Die stigtingsvergadering is deur groot geesdrif gekenmerk. Oor die naam van die gemeente was almal dit eens omdat die plaas Driefontein byna in die middel geleë is tussen die naburige dorpe (synde 'n afstand van 10 uur te perd vanaf Colesberg, Cradock en Richmond, 12 uur van Graaff-Reinet en 16 van Burgersdorp). Die lede van die Ringskommissie van Graaff-Reinet deur wie die amptelike stigting plaasgevind is, was ds. Andrew Murray van die NG gemeente Graaff-Reinet, ds. J.F. Berrangé van die NG gemeente Richmond en die ouderlinge Barend Pienaar en J.J. Naudé. Vroeë leraarsWysig Die eerste konsulent was ds. John Murray, destyds van die leraar van die NG gemeente Burgersdorp en later professor aan die Kweekskool op Stellenbosch, en die eerste leraar ds. William Murray, sy jonger broer. Vir hom moes dit 'n bedroewende ervaring gewees het toe die Gereformeerde kerk Middelburg, Kaap op 1 Desember 1860 gestig word. Hy was nog ongetroud en het ingewoon by een van sy ouderlinge, H.T.J. van der Walt, mede-eienaar van die plaas Grootfontein, waarop die nuwe gemeente gestig is. Hierdie ou vader het ook by die Gereformeerde Kerk aangesluit en is as ouderling verkies. "Van ds. Murray," getuig 'n tydgenoot, "kan ek niet dan goed getuigen. Hij was ons nooit kwaad gezind. Hij klaagde dat de steunpilaren zijner gemeente hem ontvallen waren". Tydens die eerste eeu van die gemeente se bestaan het die volgende leraars hier gearbei, behalwe hulppredikers wat van tyd tot tyd die vaste leraar bygestaan het: William Murray (1854-'65), ds. C.S. Morgan (1866-'73), ds. J.R. Albertyn (1874-'83), Gerrit van Niekerk (1884-1903), Paul August Winter (1903-'08), Ebbe Dommisse (1909-'1920), Louis Johannes Fourie (1921-'38), G.P. van den Berg (1939-'41), J.L. Nel (1940-'41), G.C. le Roux (1942-'47), I.E. Heyns (1943-'46), J.J. Sieberhagen (1946-'50), P.F. de V. Muller (vanaf 1948) en N. Schreuder (vanaf 1951). Ds. Dommisse se termynWysig Ontvangs op MiddelburgWysig Vrydagoggend 22 Januarie 1909 was Middelburg in rep en roer in afwagting van die koms van die nuwe leraar, ds. Ebbe Dommisse, wat omstreeks tienuur sou aankom. Talle rytuie is al vroeg weg om ds. en mev. Dommisse tegemoet te gaan. Op die plek waar die ontmoeting plaasgevind het, is Psalm 146:1 gesing en 'n gebed deur die heer G. Viljoen gedoen, waarna die stoet dorpwaarts gekeer het. Intussen het die Sondagskoolkinders by die pastorie hul plek ingeneem in rye, waartussen die leraar en sy vrou na die pastorie sou loop. Om tienuur het die lang optog aangekom, met ds. en mev. Dommisse in die eerste rytuig, 'n landau deur vier perde getrek. 'n Hele skare van gemeentelede was teenwoordig toe hulle afklim en plek inneem op die verhoog wat voor die tuinhek van die pastorie opgerig is, en waaroor die woord "Welkom" in groot goue letters gepryk het. Die kinders het Breng mij de oude tijding gesing onderwyl die volgende gaste op die verhoog plekke ingeneem het: die konsulent, ds. J.H. Krige, ds. A.J. Malherbe van Dewetsdorp, eerw. Dekker, ds. J.G.H. van der Walt van die Geref. Kerk, en eerw. A.J. Kropholler. 'n Aantal adresse is toe aangebied van die kerkraad, die Sondagskoolonderwysers en -kinders, die Christelike Strewersvereniging, die Christelike Jongelingsvereniging, die NG sendinggemeente, die publieke skoolkomitee en die munisipaliteit. Ds. Dommisse het kortliks op die verskillende adresse geantwoord en gesê dat hy baie klein voel om te dink dat hy die voetstappe van 'n groot man soos wyle ds. Winter moes druk. Van die Here sou egter die krag kom om die stryd op hom te neem. Hy was veral bly dat die eerste adres van die kerkraad was, want hy verwag veel van hulle. Hulle moes die Aärons en die Hurs wees om sy arms te sterk; hulle moes die oë van die gemeente wees en hom help om sy weg te baan tot die hart van die lede. Sy antwoord op die ander adresse was ook kernagtig en welsprekend, en met 'n "God seën u almal" het die verrigtinge afgeloop. Enige susters van die gemeente het die nuwe leraar en sy gesin, die besoekende predikante, die kerkraadslede en hul eggenotes, en die sendelinge 'n eetmaal aangebied wat deur almal geniet is. Ook hier was daar toesprake waarop ds. Dommisse gepas geantwoord het. In die namiddag was daar 'n baie aangename tuinparty op die landboutentoonstellingsterrein. Die musiekkapel is verander in 'n resepsiekamer en die gemeentelede en gaste is aan ds. en mev. Dommisse deur die heer G.N.A. Theunissen voorgestel. Saterdagoggend was die groot kerk vol toe ds. Dommisse bevestig is. Ds. Van der Walt en sy kerkraad en nog baie ander lede van die Gereformeerde Kerk was teenwoordig. Die feesredenaar was ds. A.J. Malherbe van Dewetsdorp, 'n boesemvriend van ds. Dommisse. Hy het na aanleiding van Joh. 1:6 gepreek: "Daar was 'n man van God gestuur, wie se naam Johannes was." Ná die bevestiging het die gebruiklike seënwense plaasgevind. In die namiddag was die kerk weer stampvol toe ds. Dommisse sy intreepreek lewer; sy teks was "Ga met ons en wy zullen u weldoen" (Num. 10:29). Die verrigtinge is Sondagaand afgesluit met 'n konferensie met die gemeente oor Bekering, waaraan al die besoekende predikante deelgeneem het. Daarna is afskeid geneem van ds. Krige as konsulent. Hy het veral die kerkraad, eerw. Dekker en eerw. Kropholler bedank vir hulle hulp wat sy werk lig gemaak het. 'n Adres vergesel van 'n beurs is aan ds. Krige, uit naam van die kerkraad, aangebied. Ds. Dommisse, wat as voorsitter vir die aand opgetree het, het almal weer bedank vir die hartlike ontvangs en die feestelikhede het tot 'n end gekom met die sing van Gesang 96 en die uitspreek van die seën deur ds. Krige. Sektes en opvoedingWysig Gedurende die vakature, voor ds. Dommisse se koms, het die sektes taamlik opgang gemaak op Middelburg, maar die getroue arbeid en evangelieprediking van die nuwe leraar het al die sektes binne 'n jaar 'n natuurlike dood laat sterwe. Dié bearbeiding was nie maklik nie, want die gemeente was groot en die predikant het in daardie dae nog kar en perde of 'n ryperd gebruik. So uitgebrei was die werk dat eerw. Dekker, die plaaslike sendeling, gevra is om teen 'n vaste vergoeding die leraar behulpsaam te wees met besoek op die dorp en met buitekerke waar nodig. Ds. Dommisse het baie belang getel in die opvoeding van die kinders van die gemeente. Tydens sy bediening is deur sy arbeid, bemoediging en die oprig van 'n kerkkoshuis al die kinders van die twee gemeentes (NG en Geref. kerk) op skool gebring. Die twee kerke het gewoonlik besonder goed saamgewerk in belang van die opvoeding op Middelburg. Die NG kerk het ook 'n studiefonds gestig om hulpbehoewende seuns en dogters te help om hul studies voort te sit; hierdie geleende gelde moes terugbetaal word sodra hulle begin verdien sodat die fonds 'n voortdurende bron van hulp kon word. Die lange jare van droogte het groot armoede in die gemeente veroorsaak, en om 'n goeie verdienste te besorg aan baie huisgesinne, het die kerkraad en die ACVV onder leiding van mev. Dommisse 'n wasinrigting opgerig wat 'n groot sukses was. Baie seuns en dogters is ook in hierdie jare na nywerheidsinrigtings weggestuur om later goeie en nuttige burgers te word. In 1911 het mnr. en mev. Johannes van Jaarsveld 'n mooi nuwe rostrum in die kerk laat plaas, die galery laat verander en drie nuwe hanglampe as geskenk gegee. Die ou preekstoel is afgestaan aan die gemeente Steynsrust in die Vrystaat. Een jaarlikse basaarWysig In 1912 het die kerkraad, in samewerking met die Vrouesendingbond en die ACVV, besluit dat daar in die vervolg net een groot jaarlikse basaar in die gemeente gehou sal word, naamlik die dankfeesbasaar, en dat uit die opbrengs die som van minstens £60 aan die VSB en ACVV elk betaal sou word vir hul werksaamhede. Hierdie besluit is jare lank volgehou en die somme aan die twee liggame deur die kerkraad uitbetaal het gewissel van £60 tot £85 elk per jaar. Eindelik, egter, is in 1923 die gedagte in die kerkraad uitgespreek dat albei liggame voortaan niks meer uit die dankfeesfondse behoort te kry nie maar vir eie fondse moes sorg. In die loop van 1914 het die kerkraad besluit om die leraar se werk te vergemaklik deur 'n motorkar vir hom te koop — vir 'n som van £250 nie te bowegaande nie! Vroeg in 1915 het mev. Dommisse ernstig siek geword en het die kerkraad ter wille van haar herstel verlof aan ds. Dommisse verleen om met 'n ander leraar vir drie maande werkkringe te ruil. Ds. Dommisse het vir talle beroepe bedank in die loop van sy bediening op Middelburg, maar in 1920 het hy 'n beroep na Caledon aangeneem. Ds. Dommisse se afskeidWysig 'n Groot afskeidsresepsie is op 28 Augustus 1920 gehou op die tentoonstellingsterrein om die gemeente die geleentheid te gee om van ds. en mev. Dommisse afskeid te neem. Elke deel van die samelewing is daar verteenwoordig en eerw. Andries Dreyer was seremoniemeester, terwyl mnr. G. Viljoen 'n adres aangebied het. Aan mev. Dommisse is ook 'n adres, onderteken deur al die vrouelede van die gemeente, aangebied. Die gevoelvolle toesprake deur die predikante van ander kerkgenootskappe, asook van die openbare liggame, het getuig van die liefde en agting wat deur almal gekoester is vir die leraar en sy gade, wat blykbaar baie aangedaan was deur die blyke van gevoel wat die vergadering getoon het. Sondagoggend het ds. Dommisse sy afskeidsrede gelewer en in die aand het hy van die jongmense afskeid geneem. Dinsdagaand is aan ds. en mev. Dommisse 'n afskeidsdinee, waaraan sowat 60 mense deelgeneem het, in die Commercial Hotel aangebied. Die verrigtings was van baie aangename aard en is afgesluit met 'n gebed deur die leraar. Woensdagoggend het ds. en mev. Dommisse vertrek en 'n groot skare het hulle by die stasie kom groet. Kerklike geboueWysig Die eerste kerkgebou het bekend gestaan as die “Noodkerk” en is opgerig op die hoek van Van Reenen- en Loopstraat. Reeds in 1853 het die kerkraad besluit om 'n vleuel van 42 x 21 voet aan dié kerkie te laat aanbou. Later is die “Noodkerk” gebruik as 'n skoolgeboutjie. Dit was in die tyd van ds. William Murray dat die kerkraad besluit het om 'n nuwe kerkgebou op te rig. Die hoeksteen van hierdie nuwe kerk is op 22 Oktober 1855 deur die siviele kommissaris van Colesberg gelê. Dit het die bouaannemers (volgens sommige bronne argitekte) Cormack en Pringle vier jaar geneem om die gebou te voltooi. Op 9 Oktober 1858 is die nuwe kerk plegtig ingewy. Ds. Andrew Murray sr. het na aanleiding van II Kor. 6:16 die wydingsrede gelewer. In 1860 het die afskeiding plaasgevind en is 'n Gereformeerde gemeente gestig. Nieteenstaande het die gemeente se werksaamhede snel uitgebrei en moes van tyd tot tyd van hulppredikers gebruik gemaak word. In 1940 is vir die eerste maal 'n medeleraar beroep. In dieselfde jaar is die ou pastorie in Kerkstraat gesloop en 'n nuwe gebou opgerig. Op dieselfde grond is 'n ruim saal, veral met die oog op Sondagskooldoeleindes, gebou. In die ou kerksaal op die kerkgrond het destyds Volkskas ingetrek. In 1943 het die gemeente 'n tweede pastorie aangekoop en in 1963 stig Middelburg-Uitsig af. Die sieletal van die gemeente het in 1952 op 2 230 gestaan en die lidmaattal op 1 450. Van hulle was ongeveer 150 destyds by die spoorwegdiens betrokke. Buitedienste is indertyd op gesette tye op Rosmead, Conway, Sherborne en Schoombie gehou. In 1903 is besluit om die kerk te vergroot deur 'n vleuel aan die westekant aan te bou wat 450 sitplekke op die vloer alleen sou bied, terwyl die ruimte onder die toring voorheen as konsistorie gedien het, is toe ook 'n klein konsistorie teen die toring aangebou. 'n Nuwe orrel is toe ingesit en in 1911 'n nuwe preekstoel. Op 2 April 1904 is die vergrote kerk ingewy. Nog later is 'n nuwe orrel geïnstalleer wat op 5 Maart 1938 in gebruik geneem is, terselfdertyd as die nuwe banke. 'n Algemene opknapping van die kerk is gedurende 1962/’63 gedoen en daarby is die konsistorie verder vergroot en ander geriewe soos 'n moederskamer, ens., is aangebring. Op 19 Mei 1963 is die hernieude kerk ingewy. In 1967 het krakies in die toring begin verskyn en op 23 Maart daardie jaar merk ds. Mentz op dat fyn stof geval het op die platform terwyl die klok gelui is. 'n Kommissie sou aangestel word op 29 Maart om 17:00 om te besluit sou verantwoordelik wees vir die sloping van die toring. Die vergadering was toe nie nodig nie omdat die toring om 15:35 daardie dag ineengestort het. Dit het soveel skade aan die gebou aangerig dat dit gesloop moes word. Die predikante in daardie stadium, was di. P.K. Mentz en P.A. Loots. Huidige kerkgebouWysig Die kerkraad op 19 April 1967 besluit om die beskadigde kerk geheel en al te sloop en 'n nuwe gebou in die plek daarvan op te rig. As argitek is benoem O. van Schalkwyk en die boukontrak is toegestaan aan bouaannemer B.F. Lutz. In die plek van die gebruiklike sooispitseremonie, het die gemeente op Sondag, 19 Mei 1968 (sy 116de verjaardag), na afloop van die Nagmaal in optog na die kerkterrein gegaan waar ds. P.K. Mentz met Skriflesing en gebed voorgegaan het. So is die seën van die Here op die bouprojek afgebid. Die hoeksteen is onthul op 19 Mei 1969, dit wil sê presies 117 jaar na die stigting van die gemeente op 19 Mei 1852. Die inwydingsplegtigheid het plaasgevind op 6 September 1969 by welke geleentheid dr. J.D. Vorster die wydingsrede gehou het na aanleiding van Eks. 25:8-9. Die twee kerk gesloopWysig Aan ’n kerraadsvergadering, gehou op 27 April 1966, het die gebouekommissie, by monde van oudl. D.D. du Plessis gerapporteer dat 'n groot bars besig is om aan die toring te ontwikkel waar dit aan die westekant by die dak aansluit. Die kommissie het dus aanbeveel dat die dienste van 'n ingenieur bekom word om die saak te ondersoek. Die bevindings van die raadgewende ingenieur was dat die toring ernstige verwering toon, die bars reeds aansienlike afmetings aangeneem het en die moontlikheid glad nie uitgesluit is dat die toring kan ineenstort nie. Hy het dus aanbeveel dat die toring afgebreek word en planne voorgelê vir die heropbou daarvan. Aangesien 'n aansienlike bedrag geld hierby betrokke sou wees en die gemeente se geldsake in daardie stadium nie juis gunstig was nie, het die kerkraad met die oog op besparing op 11 Oktober 1966 besluit om dit aan die geboue- en uitvoerende kommissie op te dra om 'n alternatiewe konstruksie te oorweeg. Nadat die uitvoerende kommissie die saak deeglik ondersoek het en gedagtig aan die finansiële toestand van die gemeente, het hy op 23 November 1966 die volgende aanbeveling by die kerkraad gemaak: (a) Dat die toring afgebreek word tot by dakhoogte, en (b) dat die toring voorlopig nie opgebou sal word nie. Maar omdat daar twyfel bestaan het oor die dringendheid van die hele aangeleentheid, is besluit om die aanbeveling van die uitvoerende kommissie voorlopig te laat oorstaan en om die raadgewende ingenieur opdrag te gee om ses maande later weer verslag oor die toestand van die toring te doen. Die uitvoerende kommissie het volmag ontvang om verder te handel in die lig van die ingenieur se bevindings, maar daar is besluit om die slag van die toringklok te staak. Die klok is dan ook kort daarna verwyder en op 'n afsonderlike stellasie langs die kerk gemonteer, waar dit diens gedoen het tot dit weer teruggeplaas is in die toring van die nuwe kerkgebou. Die maande Januarie en Februarie van 1967 was besonder nat. Altesaam 138 mm reën is in hierdie twee maande aangeteken. Die uitvoerende en gebouekommissie het 'n inspeksie van die toring gedoen en bevind dat die proses van verwering onder die nat toestande vinnig besig was om te vorde. Die ingenieur is ontbied en op sy bevinding dat die toring nie stabiel is nie, het die uitvoerende kommissie op 1 Maart 1967 aan die kerkraad kennis gegee dat die toring so spoedig moontlik afgebreek moes word. Op 15 Maart 1967 is tenders daarvoor gevra. Die tenders sou sluit om 12:00 op 29 Maart 1967 en die uitvoerende kommissie sou die tenders om 17:00 dieselfde dag oorweeg. Maar om 15:35 het die toring ineengestort en die res van die gebou, asook die dakkonstruksie dermate beskadig dat besluit is om die gebou in sy geheel te sloop. Die orrel het egter onbeskadig behoue gebly en kon dus weer in die nuwe kerk geïnstalleer word. Ds. P.K. Mentz onthouWysig Met die inwyding van die nuwe kerk in 1969 het ds. P.K. Mentz sy herinnerings aan die aanloop tot die toring se val soos volg in die gedenkbrosjure gedeel: Donderdagaand 23 Maart 1967 is die Nagmaal gevier met die oog op Goeie Vrydag, die volgende dag. Niemand wat daardie aand die kerkgebou binnegestap het, het ooit daaraan gedink dat dit die laaste diens in hierdie historiese kerkgebou sou wees nie. Toe die laaste gelui lui, val daar gelyktydig fyn gruis op die plafon in die konsistorie. Dit trek die aandag van die predikant en van 'n diaken. Die verband is duidelik. Die trilling van die klokgelui het alreeds 'n uitwerking op die verswakte toring. Ná die Nagmaalsdiens vergader die uitvoerende kommissie om spoedeisend aandag aan die saak te gee. Die kerkgebou sou liewer nie verder vir dienste gebruik word voordat die toring afgebreek is nie. Sondag 26 Maart draai die kerkgangers, sommige verbaas en ander gesteurd, by die toe hekke van die kerkterrein om, om die diens in die Klaasensaal by te woon. Baie mense daag by die pastorie op om die predikant en andere daarvan te probeer oortuig dat die toring nie werklik in so 'n gevaarlike toestand is nie en dat die kerkraad onnodig bekommerd is. Twyfel ontstaan – is ons nie miskien te haastig nie – dit is so 'n besonderse toring. Woensdag, 29 Maart 1967. Lyk dit net so of is dit 'n bult wat in die pleister so teen die toring vertoon? Vier van ons gaan kyk. Die tuinjong tel 'n stuk pleisterklei onder die toring op, dit moes so pas afgeval het. Ons sou later die middag self die toring gaan ondersoek. Oudl. Johan Terblanche wat die groepie onder die kerktoring gesien staan het, skakel pastorie toe en dring daarop aan dat ons dit nie binne die toring moet waag nie – dit is te gevaarlik. Het hy 'n voorgevoel gehad of is hy maar net onnodig bang? Later sou ons dankbaar wees dat hy wel gebel het. Om 3.35 nm. is daar 'n onnatuurlike gerammel. 'n Groot vragmotor laai iewers gruis af – so klink dit. Kinders het op die grasperke voor die saal gespeel. Hulle skree en mense hardloop na buite. 'n Geweldige stofwolk oordek alles, die geluid van vallende klip en hout wat kraak, is duidelik hoorbaar. Volgens ooggetuies het die massiewe toring (76 voet hoog, 28 voet in vierkant met 33 duim dik mure) soos 'n stuk koerantpapier in twee geskeur en toe kon hulle, vanweë die stof niks meer sien nie. Die beoogde vergadering, 'n geruime tyd tevore belê vir 5.00 nm., was nie meer nodig nie. Die toring het self ineengestort. Dadelik moes reëlings getref word teen brand en die polisie moes die verdwaasde skare kom weghou van die oorblywende stuk toring wat hoog in die lug gevaarlik gekantel het. Om 4.00 nm. kon ons dit eers waag om versigtig die kerkgebou binne te gaan. Deur die stof heen was die gat in die dak duidelik sigbaar. Meer as die helfte van die toring het daardeur geval en op en rondom die kansel gelê. Die nagmaalstafel en vier stoele is dwarsdeur die vloer gedruk en was onherkenbaar beskadig. Die nagmaalsbeker en leë bordjies het opgefrommel onder die puin uitgesteek. Die voorste ry banke was byna toegeval. Groot en sterk mans het die kop weggedraai om die trane te verberg. Buite het mense openlik gestaan en huil. Dit was maar 'n gebou van klip en steen – maar oor meer as 'n eeu ingeweef in die lewe van baie mense. So dikwels het ons gehoor: ‘My oupa is hier in die kerk gedoop waar sy ouers in die huwelik bevestig is. Ek het hier opgegroei en my kinders het hier belydenis afgelê.’ Geslagte lank was dit vir ons die Huis van die Here. Duidelik spreek die verwarring en verdwaasdheid uit die bedrae wat genoem is om die gat in die dak voorlopig toe te maak en die gevaarlike stuk toring af te breek. Die laagste tender beloop R380 en die hoogste R5 980 vir dieselfde werk. Maar ook in hierdie verwarring sou God duidelik lei. Mnre. Pieter Joubert, Karel de Kock en andere kom na vore en bied aan om die werk gratis te doen. Die aanbod sou later uitgebrei word en hulle sou die sloping van die hele kerkgebou behartig. 'n Besparing van minstens R10 000. Die gemeenskap van Middelburg het die skade aan die gebou as persoonlike verlies aangevoel. Bydraes het ingekom van susterkerke, Engelssprekendes en buurgemeentes. 'n Brief waarin meegevoel betuig word en R20 ingesluit het, is van die Kleurling-gemeenskap van Willemburgersrivier ontvang. Die Sakekamer het 'n insameling begin onder voorsitterskap van mnr. W.C. Putter en byna R4 000 is so byeengebring. Die Meimaand-basaar het die rekordbedrag van R3 650 opgelewer. Ongeëwenaarde samewerking is ondervind en 10 maande nadat die toring ineengestort het, is die R27 000 wat nog op die restourasie van die ou kerkgeboue verskuldig was, afbetaal. Nou kon met volle ywer aan die Boufonds aandag gegee word. So vinnig het dit gegaan met die geldinsameling dat die kerkraad verplig is om 'n komitee te benoem wat die insamelings sou koördineer om enersyds oorvleueling uit te skakel en andersyds ontoelaatbare inisiatief aan bande te lê. Die susters het bussies laat maak en by kerkdeure geplaas vir vrywillige bydraes. Hulle het die kanselhout laat verwerk in skinkborde en ander bruikbare voorwerpe. Met koevertjies is baie geld ingesamel. Die KJV het gereeld groot bedrae in die boufonds gestort en die kinders het in die Sondagskool hul sente gebring vir die meublement van die voorgenome moederskamer. Bejaardes het persoonlik gekom en met bewende hand hul bydraes gebring wat gewissel het van 10c tot R100. Saterdagoggend, 17 Junie om 7.00 vm. trek 19 vragmotors op die terrein saam op die puin weg te ry. Die volgelaaide vragmotors wat in 'n ry wegtrek, herinner aan 'n lykstoet wat die laaste taak verrig. Die aand om 7.00 nm. vertrek die laaste vragmotor en 'n stilte sak toe op die leë kerkterrein neer. Waar die eens statige kerkgebou gestaan het, is nou niks en dit maak seer om daarna te kyk, Op 26 Julie 1967 word die finale planne van die argitek goedgekeur. Op Vrydag, 19 April 1968 is die kontrak vir die oprigting van die gebou onderteken. Daar was gedurende hierdie hele tyd van krisis en spanning so 'n hartlike samewerking in die kerkraad dat dit deurgewerk het na die gemeente. Almal was besiel met net die beste vir die gemeente en die Koninkryk. Daarom kon moeilike en uiteenlopende probleme broederlik opgelos word. Daar was ook tye van beproewing. Die argitek moes vir twee maande behandeling in die hospitaal ontvang as gevolg van ernstige siekte. Onverwags is een van die boukommissielede, oudl. Malherbe van Heerden, deur die dood weggeneem. Noudat ons kan terugkyk op die lang pad wat die voltooiing van die sierlike nuwe kerkgebou voorafgegaan het, wil ons nie anders as om aan God al die eer toe te bring, waarlik: Die God van die Hemel, Hy HET ons dit laat geluk!” Verslag van die boukommissieWysig Aan 'n buitengewone vergadering van die kerkraad, gehou op 7 April 1967, het die uitvoerende kommissie gerapporteer dat die beraamde koste om die beskadigde kerkgebou te herstel 'n bedrag van ongeveer R56 000 sou beloop. Die algemene gevoel was dat dit beter sou wees om 'n geheel nuwe gebou op te rig eerder as om so 'n reusebedrag te bestee aan die herstel van 'n gebou wat 'n ernstige knou weg gehad het en ook reeds ander tekens van verval getoon het. Die kerkraad het gevolglik op 19 April 1967 besluit om die ou kerkgebou te sloop en 'n nuwe gebou op te rig. Daar is voorts besluit om hierdie taak aan 'n boukommissie op te dra wat sou bestaan uit vyf permanente lede (nie noodwendig dienende kerkraadslede nie), deur die kerkraad gekies plus ses lede wat dienende kerkraadslede moes wees en wat deur die geboue- en uitvoerende kommissie aangewys moes word. Die boukommissie is gevolglik soos volg saamgestel: J.C. Mentz, P.F. Joubert, W.J. Hugo, D. Howe, P.F. Schultz, W.T. van der Merwe, P.J. Pretorius, dr. K.M. van Heerden, K. de Kock, T.F.P. Theron, C.W.P. Steenkamp. Die twee leraars, di. P.K. Mentz en ds. P.A. Loots, sou ampshalwe lede van die kommissies wees. Dr. K.M. van Heerden is op 23 September 1968 onverwags deur die dood weggeneem. Sy plek is geneem deur J. Laubscher. Die Boukommissie het sy eerste van 22 formele vergaderings, benewens talryke informele vergaderings op die bouperseel, gehou op 3 Mei 1967 toe oudl. W.J. Hugo as voorsitter en diak. C.W.P. Steenkamp as sekretaris van die kommissie aangewys is. O. van Schalkwyk is as argitek benoem met die opdrag om so spoedig moontlik konsepplanne voor te lê. Nadat verskillende planne oorweeg is, is 'n finale plan aan die kerkraad voorgelê op sy vergadering van 26 Julie 1967 wat op voorstel van diak. J.A.A. Baard en gesekondeer deur diak. N. Smit aanvaar is. Die boukommissie kon toe opdrag aan die argitek gee om die werkstekeninge in gereedheid te bring. Die werk is in hierdie stadium aansienlik vertraag deurdat die argitek, weens 'n ernstige siekte, twee maande in die bed moes deurbring. B.F. Lutz is as bouaannemer aangewys en die boukontrak is op 19 April 1968 onderteken vir 'n bedrag van R89 945. Die boukommissie het 'n subkomitee benoem om al die afvalmateriaal so voordelig moontlik van die hand te sit. Hierdie subkomitee het 'n groot en moeilike taak met groot onderskeiding afgehandel. 'n Bedrag van kort duskant R5 000 is so geïn. Die aanvanklike plan was om soveel moontlik gebruik te maak van nog bruikbare materiaal wat uit die gesloopte kerkgebou herwin kon word. Sekere deure, lampskerms en vensters is dan ook op hierdie manier benut. Dit het egter spoedig geblyk dat dit nie lonend of selfs wenslik sou wees om sulke items soos die banke, vensters, leiklip, sierstene ensovoorts in die nuwe gebou te gebruik nie. Enersyds sou die koste verbonde aan die omwerking van sulke materiaal te hoog wees en andersyds sou dit vereis dat die ontwerp van die kerk gewysig sou moes word om aan te pas by die ou materiaal. Die orrel het onbeskadig behoue gebly. Hierdie besonder goeie instrument kon dus weer in die nuwe kerkgebou geïnstalleer word. Daar is gestrewe na 'n ontwerp wat die nodige atmosfeer van stigting en formaliteit sou ontleen aan die eenvoud en skoonheid van lyn. Die kleurskema moes die nodige gevoel van warmte en eenheid bevorder terwyl die indruk van ruimte nie versteur moes word deur behangsels van die plafon nie. Die akoestiek en beligting moes noodwendig doeltreffend wees. Elke duim oppervlakte moes optimaal aangewend word sonder om nodige fasiliteite in te boet of beknoptheid in die hand te werk. Boweal moes die gebou, sierlik in gestalte, uittroon bo sy onmiddellike omgewing. Inwyding uitgestelWysig Die nuwe kerkgebou sou in die naweek van 16 Augustus 1969 ingewy word. Almal het uitgesien na daardie dag wanneer die gemeente weer in 'n kerkgebou kan aanbid. En toe gebeur dit . . . Op 20 Junie berig die firma wat die orrel moes installeer dat dit heeltemal onmoontlik sal wees om die orrel betyds gereed te kry. Daar moes vinnig opgetree word, want die wintervakansie was op hande en van die uitvoerende komitee se lede staan op vertrek. Ds. Loots se motor was reeds gepak om 'n paar weke van welverdiende rus in Windhoek te gaan geniet. 'n Dringende vergadering van die uitvoerende komitee word belê. Daar is besluit dat dr. Vorster, wat die wydingsrede sou lewer, eers genader word om 'n geskikte datum te vind. Die groot vraag wat in almal se gedagte gehuiwer het, is: “Sal 'n ander datum op hierdie late stadium vir dr. Vorster geskik wees?" Daar moes ook rekening gehou word met ds. Mentz en ds. Smit. Verder moes die argitek ook onmiddellik in kennis gestel word. Een van die ouderlinge het opdrag ontvang om telefonies al die nodige reëlings te tref. Oor hierdie onverwagte vertraging was daar tog 'n mate van teleurstelling: “Waarom moes dit nou juis so gebeur?" Die antwoord sou vier dae later kom toe 'n brand gedurende die nag van 24 Junie in die nuwe kerk uitbreek het. Hoewel die skade nie baie ernstig was nie, het dit tog aansienlike vertraging tot gevolg gehad. Die brandWysig Die voltooiing van die kerkgebou het vinnig genader. Die afwerking binne die gebou was feitlik klaar, die paneelwerk teen die mure en agter die preekstoel was reeds aangebring, die ruite was reeds in hul rame en die werksopsigter was besig om die vloer te skuur voordat die banke en preekstoel aangebring sou word. Die blye dag van inwyding het vinnig genader en tentatiewe planne vir hierdie groot gebeurtenis was reeds opgestel. Toe gebeur die onverwagte. In die nag van 24 Junie 1969 het 'n brand op onverklaarbare wyse ontstaan onder die vloer by die plek waar die preekstoel geplaas sou word. 'n Hopie vloerskuursels het vermoedelik spontaan ontbrand en namate die hitte toegeneem het, het die stygende warm lug 'n trek veroorsaak wat die gloeiende hopie vloerskuursels aangeblaas het tot lekkende vlamme wat verder onder die vloer in en teen die paneelwerk op gereik het. Toe die berig die kragsentrale bereik, het Willie Joubert sonder aarseling handelend opgetree en met die brandweer na die terrein gehaas. Hy en sy paar helpers het daarin geslaag om spoedig die brand te blus. Besonderhede van die nuwe gebouWysig - Die hoogte van die toring Die toring van die ou kerkgebou was 76 voet hoog. Die reisiger na Middelburg kon van ver af die massiewe toring sien. Die toring van die nuwe gebou is 90 voet vanaf die grondvlak tot by die spits en sal dus nog meer uitstaan as die ou toring. - Die konsistorie In die eerste kerkgebou, wat in 1858 ingewy is, het die ruimte onder die toring as konsistorie gedien. Toe die gebou in 1903/’04 vergroot is, is 'n klein konsistorie by die toringkant aangebou maar selfs dit was se beknop dat dit verder vergroot is toe die gebou in 1962/’63 opgeknap is. Selfs toe was dit so klein dat vergaderings van die kerkraad nie daarin gehou is nie. Die nuwe konsistorie bied ruim sitplek vir die hele kerkraad en by geleentheid van gekombineerde vergaderings is daar ook sitplek vir rustende kerkraadslede. 'n Gedeelte van die ou kerkmat is teruggehou en in die konsistorie geplaas. - Sydeure Die twee sydeure is voorsien van net twee lae trappies, spesiaal vir mense wat dit moeilik vind om die hoë trappies by die hoofingang te bestyg. Die argitek het dit onwenslik geag om trapreëlings by die hoofingang aan te bring hoofsaaklik omdat dit die voorkoms van die hoofingang sou bederf. - Die kanselkleedjie Die kanselkleedjie is gemaak van Merino-skaapvel. Dit is dus heeltemal uniek en besonder gepas aangesien Middelburg in die hartland van die wolskaapbedryf geleë is. Die woorde op die kleedjie lui: DIE MEESTER ROEP JOU. Die twee kanselstoele wat in die ou kerk op die kansel gestaan het en wat met die instorting van die toring heelwat beskadig is, is mooi herstel deur Laurie Greeff en is dus weer gebruik. - Die moederskamer 'n Moederskamer is 'n baie belangrike fasiliteit in enige kerkgebou. So het die kerkraad dit ook ingesien toe die kerkgebou in 1962/’63 opgeknap is, want 'n moederskamer is toe ook aangebou. Afgesien van doopgeleenthede, waarvoor die moederskamer primêr bedoel is, is daar dikwels ouers wat met kleuters graag die eredienste wil bywoon. Die moederskamer bied die nodige geriewe daarvoor. Hierdie kamer is geleë aan die linkerkant van die voorportaal. Dit is voorsien van eenigtingglas sodat die okkupeerders die prediker en die gemeente sal kan sien en dus sal voel asof hulle deel van die vergadering is sonder om self gesien te word. Dit is klankdig en van 'n luidspreker voorsien wat met die kanselmikrofoon verbind is. Krippies is aangebring waarin die babas geplaas kan word en rustig kan slaap tot hulle vir die bediening van die doop ingebring word. Die feit dat die moederskamer aan die teenoorgestelde kant van die kansel geplaas is, is nie sonder rede nie. Dit bring mee dat die kindertjies vanuit die gemeente na die liturgiese sentrum en doopvont gebring sal moet word, soos dit eintlik behoort te wees, in plaas van agter die kansel uit die konsistorie. - Gehoorstelsel Spesiale aandag is aan die akoestiek van die gebou gegee en die mikrogolf luidsprekers van die ou gebou is ook teen die paneel-werk aan weerskante van die kansel aangebring. Tog bestaan die behoefte om spesiale voorsiening te maak vir hardhorende persone wat van gehoortoestelle gebruik moet maak. Die stelsel wat aangebring is, staan bekend as die sogenaamde "Loop system". Dit werk op die beginsel van 'n transistor-uitsaaistelsel, met ander woorde deur die opvangtoestelletjie in sy oor te plaas, kan so 'n persoon die preek opvang wat vanaf die kansel uitgesaai word. Dit skakel alle bedrading na die gehoortoestelle uit. - Die vloer Vanaf die hoofingang tot by die liturgiese sentrum val die vloer met 18 duim. Dit bring mee dat prediker en toehoorder 'n onbelemmerde uitsig sal hê, ondanks die feit dat die preekstoel nie baie hoog is nie. LidmaattalWysig Die onderstaande tabel toon die afname in die lidmaattal van NG gemeentes op die groot dorpe van die Oos-Kaapse binneland. In gevalle waar 'n gemeente by 'n ander ingelyf is of twee gemeentes saamgesmelt het, word hulle syfers van 1933 af saam aangedui. Dit geld Middelburg en Middelburg-Uitsig, Grahamstad, Grahamstad-Grenspos en Albanie, Somerset-Oos en Visriviervallei (Kookhuis) asook Queenstown, Queenstown-Oos en Queenstown-Noord (laasgenoemde twee 'n ruk lank as Queenstown-Tuine). Elke dorp of gemeente se hoogste lidmaattal word in vet skrif aangedui. Hieruit blyk dat al die gemeentes hul hoogtepunt ná die middel van die 20ste eeu bereik het, behalwe Burgersdorp wat sedert 1933 'n afname in sy lidmaattal ervaar. Ondanks 'n opflikkering in die middel jare 90, is Middelburg se lidmaattal nou die laagste die afgelope sowat honderd jaar. Die gemeentes van Aliwal-Noord, Cradock, Grahamstad en Queenstown is al met meer belydende lidmate in 2014 as sowat 'n eeu vantevore. Gemeente/Dorp | 1916 | 1933 | 1952 | 1960 | 1973 | 1979 | 1985 | 1990 | 1995 | 2000 | 2005 | 2010 | 2012 | 2014 | 2015 | 2016 | ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Aliwal-Noord | 750 | 950 | 1145 | 1150 | 1250 | 1338 | 1242 | 1300 | 1595 | 1593 | 1378 | 1117 | 1114 | 1131 | 1043 | 1043 | Burgersdorp | 1100 | 1461 | 1274 | 1260 | 1008 | 937 | 945 | 941 | 850 | 710 | 677 | 605 | 573 | 539 | 517 | 507 | Cradock | 1878 | 2164 | 2858 | 2914 | 2399 | 2421 | 2464 | 2288 | 2024 | 1934 | 1931 | 1697 | 1662 | 1892 | 1894 | 1575 | Graaff-Reinet | 2125 | 2211 | 2536 | 2573 | 2115 | 2055 | 1917 | 1758 | 1699 | 1657 | 1242 | 1347 | 1077 | 1088 | 1075 | 1130 | Grahamstad/Albanie | 576 | 860 | 1640 | 1341 | 1479 | 1289 | 1115 | 1105 | 1122 | 1090 | 836 | 794 | 751 | 727 | 620 | 620 | Middelburg, Kaap | 1100 | 1307 | 1430 | Onbekend | 1372 | 1391 | 1158 | 992 | 1147 | 970 | 953 | 829 | 829 | 702 | 648 | 592 | Queenstown | 566 | 1195 | 2060 | 2153 | 2115 | 1966 | 1866 | 1779 | 1572 | 1337 | 1190 | 1045 | 876 | 876 | 876 | 663 | Somerset-Oos | 1652 | 1400 | 1800 | 1864 | 1657 | 1511 | 1246 | 1210 | 1201 | 1281 | 1122 | 917 | 959 | 967 | 967 | 958 | Totaal | 9747 | 11548 | 14743 | 14655 | 13395 | 12908 | 11953 | 11373 | 11210 | 10572 | 9329 | 8351 | 7841 | 7922 | 7640 | 7088 | Die gesamentlike lidmaattal van dié dorpe het reeds in 1952 'n hoogtepunt van 14 743 bereik, waarna dit teen 1995 teruggesak het tot 11 373, minder as die totaal in 1933 van 11 548. Tussen 1990 en 2000 het die totaal met net 1 381 afgeneem tot 10 572, maar in die daaropvolgende 15 jaar het die afname versnel toe die gemeentes 2 932 lidmate verloor het en te staan gekom het op 'n totaal van slegs 7 641. Dis 'n verlies van meer as 'n kwart van die lidmate. FotogaleryWysig Ds. Ebbe Dommisse, leraar van 1909 tot 1920. Enkele leraarsWysig - William Murray, 1854 - 1865 - C.S. Morgan, 1866 - 1873 - J.R. Albertyn, 1874 - 1883 - Gerrit van Niekerk, 1884 - 1903 - Paul August Winter, 1903 - 19 Mei 1908 (oorlede in die amp) - Ebbe Dommisse, 1909 - 1920 - Louis Johannes Fourie, 1921 - 1938 (emeriteer; oorlede op 23 Januarie 1941) - Gert Petrus van den Berg, 1938 - 1942 - Johannes Lodewyk Nel, 1940 - 1941 - Gerrit Conradie le Roux, 1942 - 1947 - Irenee Emile Heyns, 1943 - 1946 - Jacobus Johannes Sieberhagen, 1946 - 1950 - Pieter Francois de Vos Muller, 1948 - 1959 - Nico Schreuder, 1951 - 1958 - Jacobus Albertus Venter, 1958 - 1962 - Jacobus Petrus Johannes Smit, 1962 – 1967 - Pieter Kruger Mentz, 1965 - 1969 - Petrus Albertus Loots, 1967 - 1972 - Jacobus Philippus Bezuidenhout, 3 Maart 1978 - 1988
<urn:uuid:749949b3-23f7-42f3-9163-03cdf6944ac4>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/NG_gemeente_Middelburg,_Kaap
2019-07-23T05:44:58Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00095.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
1.000001
false
Ramon Bieri Jump to navigation Jump to search Ramon Bieri | | Geboortenaam | Ramon Arens Bieri | ---|---| Nasionaliteit | Amerikaans | Beroep(e) | Akteur | Internet-rolprentdatabasis-profiel | Ramon Bieri (16 Junie 1929 – 27 Mei 2001) was 'n Amerikaanse akteur. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente The Andromeda Strain (1971), Badlands (1973), en Sorcerer (1977), en in die televisiereeks Magnum, P.I. (1980). Filmografie[wysig | wysig bron] Rolprente[wysig | wysig bron] - 1971: The Andromeda Strain - 1973: Badlands - 1976: Nicole - 1977: Sorcerer - 1979: The Frisco Kid - 1988: Vibes Televisiereekse[wysig | wysig bron] - 1960: Directions - 1970: Men at Law - 1971: Sarge - 1972: Jigsaw - 1974: Lucas Tanner - 1979: Joe's World - 1980: Magnum, P.I. - 1981: Bret Maverick Televisierolprente[wysig | wysig bron] - 1970: Southern Fried - 1974: It's Good to Be Alive - 1975: Crossfire - 1977: A Love Affair: The Eleanor and Lou Gehrig Story - 1980: A Christmas Without Snow - 1981: A Matter of Life and Death - 1987: Juarez
<urn:uuid:063bde65-2650-4e81-a07a-e79cd8d4e353>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Ramon_Bieri
2019-07-23T06:03:47Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00095.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.956964
false
Kategorie:Demografie van Guinee-Bissau Wikimedia Commons bevat media in verband met Demografie van Guinee-Bissau. | Subkategorieë Hierdie kategorie bevat die volgende 2 subkategorië, uit 'n totaal van 2. Wikimedia Commons bevat media in verband met Demografie van Guinee-Bissau. | Hierdie kategorie bevat die volgende 2 subkategorië, uit 'n totaal van 2.
<urn:uuid:00570f2d-71bb-4ba0-9c80-38cdbceb053b>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Demografie_van_Guinee-Bissau
2019-07-15T17:56:09Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195523840.34/warc/CC-MAIN-20190715175205-20190715201205-00279.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.948541
false
Li Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek. Jump to navigation Jump to search Malgassies (mg) Naamwoord Li Selfstandige naamwoord Betekenisse litium Ontsluit van " https://af.wiktionary.org/w/index.php?title=Li&oldid=180542 " Kategorieë : Woorde in Malgassies Selfstandige naamwoorde in Malgassies Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Onlangse wysigings Lukrake woord Lukrake Afr. woord Woord begin met... Kategorieë Inligting Geselshoekie Huidige gebeure Hulp Skenkings Druk/eksporteer Skep boek Laai af as PDF Drukbare weergawe Gereedskap Skakels hierheen Verwante veranderings Laai lêer Spesiale bladsye Permanente skakel Bladinligting Haal dié blad aan Ander tale Brezhoneg Català Čeština Dansk Deutsch Ελληνικά English Esperanto Español Eesti Suomi Français Galego עברית Hrvatski Magyar Italiano 日本語 Latina Limburgs Lietuvių Malagasy Nederlands Norsk Polski Português Română Русский Slovenčina Slovenščina Српски / srpski Svenska ไทย Türkçe Die bladsy is laas op 10 Februarie 2018 om 20:09 bygewerk. Die teks is beskikbaar onder die lisensie Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel . Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting. Privaatheidsbeleid Inligting oor Wiktionary Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:e378e5ce-e66f-415f-a6c4-ec0c72e14298>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wiktionary.org/wiki/Li
2019-07-18T05:11:14Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525500.21/warc/CC-MAIN-20190718042531-20190718064531-00039.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.996035
false
Megagreep Hoeveelhede van grepe ---|---|---|---|---| SI-voorvoegsels | Binêre voorvoegsels | ||| Simbool (naam) | Standaard- gebruik | Historiese gebruik | Simbool (naam) | Waarde | kG (kilogreep) | 10001=103 | 10241 | KiG (kibigreep) | 210 | MG (megagreep) | 10002=106 | 10242 | MiG (mebigreep) | 220 | GG (gigagreep) | 10003=109 | 10243 | GiG (gibigreep) | 230 | TG (teragreep) | 10004=1012 | 10244 | TiG (tebigreep) | 240 | PG (petagreep) | 10005=1015 | 10245 | PiG (pebigreep) | 250 | EG (eksagreep) | 10006=1018 | 10246 | EiG (eksbigreep) | 260 | ZG (zettagreep) | 10007=1021 | 10247 | ZiG (zebigreep) | 270 | YG (jottagreep) | 10008=1024 | 10248 | YiG (jobigreep) | 280 | 'n Megagreep is 'n eenheid van inligting of rekenaarberging wat gelykstaande is aan óf 1000² grepe of 1024² grepe, afhangende van die konteks waarin dit gebruik word. In baie seldsame gevalle word die term gebruik om 1000×1024 voor te stel. Megabyte word algemeen verkort na MB. Hierdie simbool moet egter nie verwar word met Mb nie, want Mb is die simbool vir megabit en nie megabyte nie. Die term megabyte is in 1970 vir die eerste keer gebruik. [1] Definisie[wysig | wysig bron] Die term "megagreep" is dubbelsinnig omdat dit algemeen gebruik word en twee waardes het, naamlik 1000² grepe of 1024² grepe. Die verwarring het aanvanklik begin toe daar ander benamings vir verskillende magte van die greep gebruik moes word, maar daar toe nog geen amptelike terme daarvoor was nie. 1024 (2¹º) is byvoorbeeld nagenoeg gelyk aan 1000 (10³), en daarom is name van die SI-eenhede wat rofweg ooreengestem het met die eenhede wat eintlik bedoel is, gebruik. Juis om hierdie rede het regerings- en ander organisasies hierdie probleem aangespreek deur mense aan te moedig om die term megagreep slegs te gebruik wanneer daar na 1000² grepe verwys word, en "mebigreep" wanneer daar na 1024² grepe verwys word. Hierdie verandering is al deur vele sagtewareprojekte in hul produkte aangebring, maar baie lêerbestuurdersprogramme gebruik nog "megagrepe" om die lêergroottes mee uit te druk. Sien ook[wysig | wysig bron] Eksterne skakels[wysig | wysig bron] - Historiese notas oor die koste van hardeskyfstoorspasie - die megagreep (gevestigde definisie in Networking and Storage Industries; van whatis.com) - Internasionale Electrotegniese Komissie definisies - IEC voorvoegsels en simbole vir binêre multiples Verwysings[wysig | wysig bron] - "Megabyte."Webster's Ninth New Collegiate Dictionary. 9th ed. 1983.
<urn:uuid:44d8f497-c22d-437b-8a9a-6b38a7afe245>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Megagreep
2019-07-16T23:28:13Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00463.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999604
false
Kolhaas Kolhaas | |||||||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Bewaringstatus | |||||||||||||||| Wetenskaplike klassifikasie | |||||||||||||||| Binomiale naam | |||||||||||||||| Lepus saxatilis F. Cuvier, 1823 | |||||||||||||||| Die kolhaas (Lepus saxatilis) is 'n haas wat in Suid-Afrika, dele van Sentraal-Afrika en Namibië voorkom. Die kolhaas is groter as die vlakhaas maar kleiner as die springhaas. Die springhaas is egter nie 'n ware haas nie maar 'n knaagdier. Voorkoms[wysig | wysig bron] Die haas is dofgelerig met swartgrys kolle wat van naby beskou 'n sout-en-peper voorkoms het. Die ken en onderdele is wit. Om die keel is 'n kraag van dieselfde kleur as die bodele met 'n wit kol op die voorkop. Die kol op die bokant van die nek wissel van baksteenbruin tot oranjegeel. Die stert is swart aan die bokant en wit aan die onderkant, en die pote is dofgeel. Hierdie hase het 'n gemiddelde lengte van 60 cm en die wyfie is effens groter as die mannetjie. Habitat en gewoontes[wysig | wysig bron] Hulle hou van ruigtes met stukke grasveld en vermy oop grasvlaktes of digte bos. Kolhase is naglewend; hulle kom na sononder uit en soek teen sonop weer hul skuilplekke op. Hulle is gewoonlik alleen en is gevoelig vir koue weer. Kolhase se natuurlike vyande is die luiperd, leeu, rooikat, vaalboskat, tierboskat, wildehond, siwet, rooijakkals en breëkoparend. Hulle eet veral groen gras, blare, lote en stingels. Telkens word twee tot drie kleintjies gebore na 'n dratyd van ±5 weke. Die kolhaas het 'n moontlike lewensduur van 7,5 jaar. Sien ook[wysig | wysig bron] - Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere - Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike name - Suider-Afrikaanse soogdiere en hul ordes Bronnelys[wysig | wysig bron] - Soogdiere van die Krugerwildtuin en ander Nasionale Parke (1979). Saamgestel deur Die Nasionale Parkeraad. 'n Publikasie van die Raad van Kuratore vir Nasionale Parke van die Republiek van Suid-Afrika. ISBN 0-86953-027-5. - Die Soogdiergids van Suider-Afrika. Burger Cillié. 2009. ISBN 978-1-875093-46-5
<urn:uuid:c310513c-4643-42c7-aef3-3dadb046ffb3>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kolhaas
2019-07-18T05:17:02Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525500.21/warc/CC-MAIN-20190718042531-20190718064531-00063.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999878
false
Martellotoring Inhoud Die woord martello[wysig | wysig bron] In die sestigerjare van die 16de eeu is 'n ronde fort op Korsika gebou. Dit is 'n “martell”, 'n Italiaanse kloktoring, genoem wat moes lui om te waarsku teen 'n dreigende aanval van seerowers uit Noord-Afrika. Die ruïne van hierdie Genuese toring, die Tour de Mortella, is naby Mortellapunt (Mirtepunt). In Engels het die mortella verander na martello. Aanval op Korsika[wysig | wysig bron] Op 7 Februarie 1794 het die Britse oorlogskepe Fortitude en Juno vir Frankryk op Korsika aangeval. Vir twee dae is die fort op Korsika onsuksesvol bestook en moes landmagte ingespan word om die Franse te verdryf. Toe die Britte Korsika in 1796 verlaat, het hulle die toring opgeblaas, maar hulle was so beïndruk met die rol van 'n gevegstoring dat hulle dit ook in hul krygstaktiek ingevoer het. Eienskappe van 'n martellotoring[wysig | wysig bron] Martellotorings is klein silindriese forte wat gewoonlik aan die kus gebou is. Dit het 'n standaardplan, maar die afmetings verskil van toring tot toring. Die mure van klip en baksteen is van 9 m tot 12 m hoog en tot 4 m dik aan die seekant. Soms was daar 'n kanaal rondom die toring en die deur was soms tot 'n 6 m bo die grond. Gewoonlik het die toring bestaan uit vier verdiepings. In die kelder was die spens en watertenk en op die grondvloer die kruithuis en magasyn. Daarbo was plek vir 'n garnisoen van 15 tot 25 man. Op die plat dak was 'n ronddraaiende kanondek vir 'n affuit met sy kanon en soldate met gewere. Die kanondek kon dus 360° roteer en so die skietrigting vinnig verander om aanvalle van alle kante af te slaan. 'n Nou wenteltrap het die verdiepings verbind. Na 1850, toe beter wapens begin gebruik is, het die martellotorings in onbruik verval. Engeland[wysig | wysig bron] Tydens die Napoleontiese oorloë was martellotorings baie gewild in die Britse ryk. Om 'n Franse inval te keer, is tussen 1804 en 1814 'n ketting van 103 torings langs die Straat van Dover gebou. Net alleen tussen Folkestone (in Kent) en Seaford (in die South Downs in Oos-Sussex) was daar 74. 'n Verdere 29 is langs die kus van Essex en Suffolk opgerig. Slegs nege torings is nog in hul oorspronklik toestand. Die martellotoring by Dymchurch is gerestoureer, tot monumnet verklaar en huisves 'n museum. Martellotorings kom o.a. ook voor in Indonesië, Italië, Spanje, Liberië, Mauritius en die V.S.A. Kaapstad[wysig | wysig bron] Craig's Tower is in 1795 in Kaapstad gebou. Dit is laat in die 19de eeu afgebreek. Simonstad[wysig | wysig bron] Tydens die eerste Britse besetting van die Kaap het genl.-maj. James Craig in 1795 opdrag gegee om 'n martellotoring in Simonstad te bou. Die doel daarmee was om Valsbaai se verdediging te verbeter, want Simonsad was veral in die wintermaande 'n noodsaaklike Britse vloothawe. Hierdie toring is 8 m hoog met 'n deursnee van 12,5 m. Dit het nie 'n ronddraaiende kanondek gehad nie. Nadat dit as fort in onbruik verval het, is dit gebruik as navigasiebaken vir skepe wat die baai binnekom. Daarom is dit in 1843 wit gekalk. Die toring is gerestoureer en in 1972 tot monument verklaar. 'n Klein museum is daarin gevestig. Na bewering is dit die oudste Britsgeboude kusverdedigingswerk van sy soort in die wêreld. Vermoedelik is dit ook die eerste gebou wat deur die Britte aan die Kaap opgerig is. Fort Beaufort[wysig | wysig bron] Hierdie martellotoring en nabygeleë vestingwerke is na die Sesde Grensoorlog in opdrag van sir Benjamin D'Urban gebou. Dit is 'n besonder stewige gebou van gekapte klip met ruimte vir 'n draaiende kanon op die dak. Tot 1869 was daarin 'n garnisoen gestasioneer en in 1938 is die toring tot gedenkwaardigheid verklaar. Waarskynlik is dit die enigste martellotoring wat nie by die see staan nie. Bibliografie[wysig | wysig bron] Wikimedia Commons bevat media in verband met Martello towers. | - Oberholster, J.J.: Die historiese monumente van Suid-Afrika. Kaapstad: Kultuurstigting Rembrandt van Rijn vir die Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede, 1972. ISBN 0-620-00191-7 - The New Standard encyclopaedia and world atlas. Londen: Odhams Press Ltd., 1936. - www.ecastles.co.uk - www.geograph.org.uk
<urn:uuid:fd2c85eb-bb15-4c6f-96d3-a1b420825961>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Martellotoring
2019-07-18T04:57:06Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525500.21/warc/CC-MAIN-20190718042531-20190718064531-00063.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999979
false
1618 jaar 1618 | ◄ | 16de eeu | ◄17de eeu► | 18de eeu | ► | Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal | Sien ook: Kategorie:1618 | Kalenders | | Die jaar 1618 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 18de jaar van die 17de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. GebeureWysig - 8 Maart – Johannes Kepler ontdek die derde sterrekundige wet wat die beweging van die planete beskryf (op 15 Mei bevestig hy die ontdekking). - 26 Maart – Pous Paulus V stel Henri de Gondi, biskop van Parys en Francisco Gómez Rojas de Sandoval, hertog van Lerma aan as kardinale. - Die Dertigjarige Oorlog begin.
<urn:uuid:8155a1ff-a002-4bd2-bdc3-be9e434441bf>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/1618
2019-07-23T05:29:41Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00143.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999944
false
Makemake Makemake, amptelik (136472) Makemake, is die derde grootste dwergplaneet in die Sonnestelsel en een van die grootste Kuipergordelvoorwerpe (KGV's). Makemake het 'n deursnee wat gelykstaande is aan ongeveer driekwart van Pluto s'n en het een bekende natuurlike satelliet, S/2015 (136472) 1.[9] Die dwergplaneet het 'n uiters koue gemiddelde temperatuur van -243,2 °C (of 30 Kelvin), wat daarop dui dat sy oppervlak met metaan-, etaan- en moontlik stikstofysse bedek is. Makemake en sy maan, soos gesien deur die Hubble-ruimteteleskoop. | | Ontdekking | | ---|---| Ontdek deur | Michael E. Brown Chad Trujillo David Rabinowitz | Datum | 31 Maart 2005 | Kleinplaneet-benaming | (136472) Makemake | Alternatiewe name | 2005 FY9 | Kleinplaneet-kategorie | Dwergplaneet TNV Plutoïde (cubewano)[1] | Etimologie | Makemake | Wentelbaaneienskappe[2][3] | | Epog 28 Januarie 1955 (JD 2 435 135,5) | | Afelium | 53,074 AE 7,939 Tm | Perihelium | 38,509 AE 5,760 Tm | Semihoofas | 45,791 AE 6,850 Tm | Wentelperiode | 309,88 jaar (113 183 dae) | Gem. omwentelingspoed | 4,419 km/s | Gem. anomalie | 85,13° | Hellingshoek | 28,96° | Lengteligging van stygende nodus | 79,382° | Periheliumhoek | 298,41° | Natuurlike satelliete | 1 | Fisiese eienskappe Gem. radius | 750 km[4] 710 ± 30 km[5] | Oppervlakte | ~6 300 000 km2 | Volume | ~1,59 km3 | Massa | ~321 kg (aanvaar) (0,0005 aardmassas) | Gem. digtheid | ~2 g/cm3 (aanvaar) | Oppervlak- aantrekkingskrag | ~0,4 m/s2 | Ontsnapping- snelheid | ~0,75 km/s | Sideriese rotasieperiode | 7,771 ± 0,003 uur[6] | Temperatuur | 30-35 K | Spektraaltipe: | B-V = 0,83, V-R = 0,5 | Skynmagnitude | 16,7 (opposisie)[7][8] | Absolute magnitude | -0,44[3] | Makemake is oorspronklik deur 'n sterrekundige span onder leiding van Michael Brown op 31 Maart 2005 ontdek, maar die ontdekking is eers op 29 Julie 2005 aangekondig. Die dwergplaneet is genoem na die mitologiese god Makemake, wat in die geloof van die Rapa Nui (die inwoners van Paaseiland) die god van die mensdom en vrugbaarheid is. Inhoud SatellietWysig Op 26 April 2016 het sterrekundiges wat waarnemings van die Hubble-ruimteteleskoop van April 2015 bestudeer het, die ontdekking aangekondig van ’n maan met ’n deursnee van ~175 km (vir ’n aangenome albedo van 4%) wat op ’n afstand van ≥21 000 km van Makemake af om hom wentel, met ’n wentelperiode van ≥12 dae (indien die wentelbaan rond is).[10][11] Dit het die voorlopige naam S/2015 (136472) 1 gekry,[9] maar word ook MK 2 genoem. Wentelbaan en klassifikasieWysig In April 2019 was Makemake 52,5 AE van die Son af,[7][8] amper so ver as wat dit kan kom in sy wentelbaan. Dit volg ’n soortgelyke wentelbaan as Haumea: met ’n groot baanhelling van 29° en ’n gemiddelde eksentrisiteit van sowat 0,16. Tog is Makemake se wentelbaan effens verder van die Son in terme van beide sy semihoofas en perihelium. Sy wentelperiode is 308 jaar,[3] meer as Pluto se 248 jaar en Haumea se 285 jaar. Makemake en Haumea is albei op die oomblik ver van die sonnebaan – teen ’n hoek van amper 29°. Makemake kom nader aan sy afelium in 2033,[8] terwyl Haumea sy afelium vroeg in 1992 bereik het.[12] Makemake is ’n klassieke Kuipergordelvoorwerp,[1] wat beteken sy wentelbaan is ver genoeg van Neptunus s’n af om oor die bestaan van die Sonnestelsel stabiel te bly.[13][13] Anders as plutino's, wat Neptunus se baan kan kruis vanweë hulle 2:3-baanresonansie met die planeet, het klassieke voorwerpe periheliums verder van die Son, onaangeraak deur Neptunus se versteurings.[14] Makemake het ’n resonansie van naby 11:6 met Neptunus.[15] GaleryWysig VerwysingsWysig - ( ) "MPEC 2009-P26 :Distant Minor Planets (2009 AUG. 17.0 TT)". IAU Minor Planet Center. 2009-08-07. Besoek op 2009-08-28. - ( Marc W. Buie (2008-04-05). ) "Orbit Fit and Astrometric record for 136472". SwRI (Space Science Department). Besoek op 2008-07-13. - ( ) "JPL Small-Body Database Browser: 136472 (2005 FY9)". NASA Jet Propulsion Laboratory. 2010-01-26 last obs. Besoek op 2008-06-11. Gaan datum na in: |date= (help) - ( J. Stansberry (2008). “Physical Properties of Kuiper Belt and Centaur Objects: Constraints from Spitzer Space Telescope”. The Solar System beyond Neptune: 161. ) - ( T.L. Lim, J. Stansberry, T.G. Müller (2010). “"TNOs are Cool": A survey of the trans-Neptunian region III. Thermophysical properties of 90482 Orcus and 136472 Makemake”. Astronomy and Astrophysics 518. ) doi:10.1051/0004-6361/201014701. - ( A. N. Heinze en Daniel deLahunta, ) The rotation period and light-curve amplitude of Kuiper belt dwarf planet 136472 Makemake (2005 FY9), The Astronomical Journal 138 (2009), pp. 428–438. doi: 10.1088/0004-6256/138/2/428 - ( ) "AstDys (136472) Makemake Ephemerides". Departement Wiskunde, Universiteit van Pisa, Italië. Besoek op 2009-03-19. - ( ) "Asteroid 136472 Makemake (2005 FY9)". HORIZONS Web-Interface. JPL Solar System Dynamics. Besoek op 2008-07-01. - HubbleSite (Persuitreiking no. STScI-2016-18) (2016-04-26). "Hubble Discovers Moon Orbiting the Dwarf Planet Makemake". Persberig. http://hubblesite.org/newscenter/archive/releases/2016/18/full/. Besoek op 2016-04-26. - "Hubble discovers moon orbiting the dwarf planet Makemake". EurekAlert!. 26 April 2016. Besoek op 26 April 2016. - Parker, A. (2016-05-02). "A Moon for Makemake". Planetary Society blogs. Planetary Society. Besoek op 2016-05-02. - "Asteroid 136108 (2003 EL61)". HORIZONS Web-Interface. JPL Solar System Dynamics. Besoek op 2008-08-04. - Jane X. Luu (2002). “Kuiper Belt Objects: Relics from the Accretion Disk of the Sun”. Annu. Rev. Astron. Astrophys. 40 (1): 63–101. doi:10.1146/annurev.astro.40.060401.093818. Besoek op 2008-08-04. - David Jewitt (Februarie 2000). "Classical Kuiper Belt Objects (CKBOs)". University of Hawaii. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Augustus 2008. Besoek op 2008-08-04. - Preliminary simulation of Makemake (2005 FY9)'s orbit and the 2009-02-04 nominal (non-librating) rotating frame for Makemake. Eksterne skakelsWysig Die Sonnestelsel | ---| Son • Mercurius • Venus • Aarde • Mars • Ceres • Jupiter • Saturnus • Uranus • Neptunus • Pluto • Haumea • Makemake • Eris | Mane: Aarde • Mars • Asteroïdies • Jupiter • Saturnus • Uranus • Neptunus • Pluto • Haumea • Eris • Ringe: Jupiter • Saturnus • Uranus • Neptunus | Planete • Dwergplanete • Kleinplanete Meteoroïdes • Asteroïdes • Asteroïdegordel • Sentoure • Trans-Neptunus-voorwerpe • Kuipergordel • Verstrooide skyf • Komete • Hillswolk • Oortwolk |
<urn:uuid:3d19c11f-5a10-4587-9c2a-643e7a37a8bf>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Makemake
2019-07-23T05:17:21Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00143.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.98399
false
8 September datum << | September 2018 | >> | |||| So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa | 1 | |||||| 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 | |||||| Al die dae | Inhoud GebeureWysig - 1221 – Damietta verower deur die Moslems. - 1659 – Pous Alexander VII publiseer die bul Super Cathedram Pricipis Apostolorum oor die sending na Viëtnam. - 1713 – Pous Clemens XI publiseer die bul Unigenitus teen die Jansenistiese leerstellings van Quesnel. - 1718 – Pous Clemens XI publiseer Pastoralis Officii waarin die Jansenistiese appellante ekskommunikeer word. - 1745 – Pous Benedictus XIV publiseer Gravissimum supremi oor korrupsie en sending. - 1944 – Tweede Wêreldoorlog: Eerste V-2 vuurpyle tref Londen. - 1978 – Honderde betogers sterf in Teheran op Swart Vrydag tydens die Iranse Rewolusie. - 1991 – Die Republiek van Masedonië word van Joego-Slawië onafhanklik. - 2017 – 'n Aardbewing van 8.1 op die Richterskaal tref die suide van Mexiko. GeboortesWysig - 1157 – Richard I Koning van Engeland († 1199). - 1456 – Bernardino Lopez de Carvajal later Teenpous Martinus IV († 1523). - 1830 – Frédéric Mistral, Frans-Oksitaanse digter († 25 Maart 1914) - 1841 – Antonín Dvořák, Tsjeggiese komponis († 1904). - 1851 – Jannie Marais, kampvegter vir Afrikaans en weldoener († 30 Mei 1915) - 1901 – Hendrik Frensch Verwoerd, Eerste Minister van Suid-Afrika († 6 September 1966) - 1972 – Os du Randt, Springbokrugbyspeler - 1980 – Mbulaeni Mulaudzi, voormalige 800 m Wêreldkampioen en Olimpiese silwermedalje wenner († 2014). SterftesWysig - 701 – Pous Sergius I, 84ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend). - 780 – Leo IV die Kasaar, keiser van Bisantium (* 750). - 1936 – Samuel Cronwright, Suid-Afrikaanse boer, politikus en skrywer (* 1863). - 1949 – Richard Strauss, Duitse komponis (* 1864). - 2003 – Leni Riefenstahl, Duitse fotograaf, aktrise en regisseur (* 1902). - 2016 – Johan Botha, Suid-Afrikaanse tenoor (* 1965). - 2017 – Harry Kuitert, Nederlandse teoloog (* 1924). - 2017 – Don Williams, Amerikaanse countrysanger (* 1939).
<urn:uuid:682ecd45-d56e-4adf-a9c6-eff8c7d0f1bb>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/8_September
2019-07-15T18:30:27Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195523840.34/warc/CC-MAIN-20190715175205-20190715201205-00327.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.988447
false
Maak hoofkeuseskerm oop Soek Wysigings ← Ouer wysiging Nuwer wysiging → Gekoördineerde Universele Tyd (wysig) Wysiging soos op 00:42, 20 April 2011 3 grepe verwyder , 8 jaar gelede k robot Verander: nah:Cemanahuacahuitl [[ml:അന്താരാഷ്ട്രസമയക്രമം]] [[ms:Waktu Semesta Berkoordinat]] [[nah: Cemānāhuacāhuitl Cemanahuacahuitl ]] [[nds-nl:UTC]] [[ne:समन्वित विश्व समय]] Xqbot 47 514 wysigings Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/766829 "
<urn:uuid:1ab26330-46f1-4382-95b1-4363c5989b94>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/766829
2019-07-16T22:21:33Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00487.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.951977
false
Amanda Leighton Jump to navigation Jump to search Amanda Leighton | | Geboorte | 7 Junie 1993 | ---|---| Nasionaliteit | Amerikaans | Beroep(e) | Aktrise | Aktiewe jare | 2003–nou | Internet-rolprentdatabasis-profiel | Amanda Leighton (gebore 7 Junie 1993) is 'n Amerikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die televisiereekse Make It or Break It (2009), The Fosters (2013), The Powerpuff Girls (2016), en This Is Us (2016). Inhoud Filmografie[wysig | wysig bron] Rolprente[wysig | wysig bron] - 2012: Divorce Invitation - 2015: The Better Half - 2018: Year 3000 - 2019: Chance - Killing Games - The Fifth Victim Televisiereekse[wysig | wysig bron] - 2009: Make It or Break It - 2013: The Fosters - 2013: Who Wore It Better - 2016: The Powerpuff Girls - 2016: This Is Us - 2018: Trolls: The Beat Goes On! - 2019: Amphibia Televisierolprente[wysig | wysig bron] - 2013: Filthy Video's[wysig | wysig bron] - 2016: Ping pong Z - 2016: The Powerpuff Girls: Bubble's beauty blog, but on video - 2016: The Powerpuff Girls: RUN, BLOSSOM, RUN - 2016: The Powerpuff Girls: Air Buttercup
<urn:uuid:90c142c6-fb6b-4f76-9457-a1d2a6d26fb9>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Amanda_Leighton
2019-07-16T22:56:35Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00487.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.901301
false
Bespreking:Swaardvis (sterrebeeld) Jump to navigation Jump to search Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Swaardvis (sterrebeeld)-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. | Artikelriglyne Daaglikse bladtrekke | |
<urn:uuid:ecae6d44-95d6-461d-86b6-699baf431cd8>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Swaardvis_(sterrebeeld)
2019-07-16T22:42:48Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00487.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999949
false
Inheemse teater in Suid-Afrika Hierdie artikel moet skoongemaak of andersins verbeter word. Hierdie artikel voldoen nie tans aan die hoë gehaltestandaarde waarna Wikipedia streef nie. Voel vry om self in te spring en verbeterings te maak, en verwyder hierdie kennisgewing ná die tyd. Vir meer hulp, sien die redigeringshulp. Daar is moontlik kommentaar in die artikel of op die besprekingsblad oor wat verbeter moet word. | Inhoud - 1 'n Bespreking van die inheemse teater in Suid-Afrika - 2 Hoe die inheemse Afrika-teater met mondelingse storieverteltradisies ontwikkel in protesteater en kommersiële teater - 3 Hoe die Afrikaanse teater in Suid-Afrika ontstaan het en gegroei het as gevolg van protes teen Britse pogings om Suid-Afrika te verengels - 4 Bronnelys 'n Bespreking van die inheemse teater in Suid-Afrika[wysig | wysig bron] In hierdie gedeelte word 'n kort oorsig gegee oor die ontstaan van die inheemse teater in Suid-Afrika. Die ontstaan van die protesteater uit die improvisatoriese storieverteltradisie van die Afrika mense wat graag sang, dans en gehoordeelname ingesluit het word bespreek. Die ontstaan van die Afrikaanse teater word beskryf. In beide die geskiedenis van die inheemse Afrika teater en die Afrikaanse teater word die rol van die Engelse teater ook genoem. Die Engelse teater geskiedenis in Suid-Afrika is dus ineengevleg met die van die Afrika teater en die Afrikaanse teater. Die Engelse teater beïnvloed die ontstaan van 'n meer Westerse Afrika teater en versterk die pogings van die swart gemeenskap om protesteater te bedryf teen Apartheid. Ter selfdertyd baat die Afrikaanse gemeenskap ook want die Engelse kultuur kruisbestuif ook die Afrikanerkultuur. Met die stigting van die streeksrade van die verskillende provinsies baat die Engelse teater net soveel as die Afrikaanse teater by die subsidie wat die Apartheidsregering vir die kunste toegestaan het. Daar word vele toneelstukke in Engels opgevoer en baie van die Engelse toneelspelers en regisseurs het werk. Die Engelse invloed wat gestaan het vir vryheid van spraak het die teatergeskiedenis van Suid-Afrika verryk en vele uitstekende plaaslik geskrewe dramas laat ontstaan. Ons land lewer 'n internasionale dramaturg, naamlik Athol Fugard wat diep spore trap op internasionale verhoë. Hoe die inheemse Afrika-teater met mondelingse storieverteltradisies ontwikkel in protesteater en kommersiële teater[wysig | wysig bron] In Afrika is daar eerstens 'n sterk geskiedenis van mondelingse storieverteltradisies alvorens daar gepraat kan word oor “teater” in Afrika.[1] Die kolonisasie van Afrika deur die Europieërs het storieverteltradisies van die Afrika stamme geïgnoreer en baie geskiedkundige feite het dus verlore gegaan. Een van die redes vir hiervoor is die feit dat die geskrewe woord meer gewig gedra het vir die Europese settelaars as mondelingse vertellings. Later het die migrasie van swart werkers na die stede met die ontdekking van goud, diamante en steenkool 'n baie negatiewe invloed gehad op die stamtradisies en sodoende die hiërargie van die Afrikastamme en gesinsstrukture omvergewerp. Gelukkig is daar redelik navorsing gedoen oor die lewering van die Zulu lofgedigte deur die izibongo (lofdigter), asook navorsing oor die Xhosa se volksvertellings of iintsomi en die Sotho volksvertellings of tsomo deur die lofdigter of liboko. Die uitvoerings van hierdie werke gaan gepaard met beweging en dans. Hierdie vertellings vind meestal in die buitelug plaas sonder spesiale teaters of dekor. Die werk word gewoonlik by belangrike feesvierings (rituele) wat sekere tye van die jaar plaas vind aangebied. Die vertellers (griots) trek spesiale kostuums aan en gebruik maskers en grimering. Die lofgedigte word deur musiek begelei of deur sang. Die gehoor neem meestal aktief deel aan die uitvoerings en baie van die werk is improvisatories van aard. Die oorsprong van die teater in Suider Afrika is ook te vinde in die daaglikse volksvertellings wat rondom kampvure in krale van swart stamme voorkom.[2] Teaters soos ons dit ken met 'n verhoog en 'n ouditorium kom eers baie later. Die koloniale tydperk bring die idee van die Westerse teater na Suider Afrika. Die eerste toneelstukke is deur die millitêre geldere opgevoer. In 1608 is Hamlet aangebied op die skip van Kaptein Keeling naamlik, Dragon. Gedurende 1790 was daar interessant genoeg sprake van 'n ondergrondse teater. 'n Teks is klaarblyklik geskryf deur 'n slaaf, genaamd Matjiet wat oor hul sosiale toestande gehandel het. Dit is opgevoer vir ander slawe om hul te vermaak en moontlik 'n stem van protes te gee. Tydens die Britse besetting in 1799 het goeweneur George Yonge die African Theatre laat bou waar amateur groepe kon optree tot vermaak van die lede van die garnisoen.[3] Tydens hierdie tydperk is besoekers aan die Kaap ook vermaak met danse deur die swartmense van daardie tyd. Daar is selfs groepe wat oorsee gegaan het om die mense daar met die inheemse danse van Afrika te vermaak. Die sendelinge het 'n invloed op die teater lewe gehad en het temas met sedelesse en Bybelse tonele opgevoer. Die sendelinge dra die Europese teatertradisies oor aan die bewussyn van die inheemse Afrika mense. Tydens 1838 word die eerste klug geskryf en opgevoer in Grahamstad deur George Rex en Andrew Bains genaamd Life among the Hottentots or Kaatje Kekkelbek[4]. Dit was die eerste geskrewe voorbeeld van Kombuis Afrikaans en Engels in een teks. Verstedeliking as gevolg van die ontdekking van goud, steenkool en diamante, hoofsaaklik aan die Witwatersrand en in die Kimberleygebied, het 'n nuwe “teater” kultuur tussen die mense van Afrika ontwikkel. So voer Esau Metetwa se Lucky Stars[5] toneelgroep in 1927 sketse in Zulu op wat op 'n Europese styl geskoei is. Metetwa voer ook 'n stuk genaamd Ukuqomisa (Heks) op. In 1935 bied Herbert Dloma, die eerste volwaardige swart akteur, 'n stuk in Engels aan naamlik: The girl who killed to save[6] en met hierdie stuk het hy die eerste teaterpraktisyn geword wat koloniale onderdrukking aangespreek het. Gedurende die veertiger en vyftiger jare het daar kulturele aktiwiteite in plekke soos Sophia Town floreer met jazz musiek, dans en die aanbieding van tonele. Een so 'n toneelorganisasie was die Orlando Boy’s Club Dramatic Society. In 1947 is die Nasionale Teater gestig wat nie die deelname van swart toneelspelers verwelkom het nie. The Bareti Players van Ian Bernhardt, 'n swart toneelgeselskap, het in die 1950’s stukke opgevoer met 'n Europese grondslag. Bernhardt was ook aktief betrokke by die musiekteater aanbieding, naamlik King Kong[7]. Dit was 'n “township”-musiekteateropvoering wat gehandel het oor die opkoms en tragiese einde van 'n Suid-Afrikaanse swaargewig bokserkampioen. Hierdie stuk was deur verskillende rasse geskep en opgevoer en word die bloudruk van die feit dat 'n veelrassige kultuur in Suider Afrika wel moontlik is. Dis in 1959 voor 'n veelrassige gehoor in die Witwatersrand se Great Hall opgevoer. Alan Paton en Krishnah Shah het 'n ander musiekteater stuk opgevoer naamlik Sponono in 1961 in Durban en Johannesburg. In 1963 voer Gibson Kente sy eerste musiekteater stuk op naamlik Manana, The Jazz Prophet.[8] Kente gebruik hierdie musiekteater styl en skryf verdere stukke soos byvoorbeeld How Long, I believe en Too late in die begin sewentiger jare. Gou word nog meer kommersiële musiekteater stukke geskep, deur byvoorbeeld Sam Mhangavane en Boykie Mohlamme. Die Apartheidsbeleid ironies genoeg bevestig; swart teater vir swart mense en wit teater vir wit mense.[9] Die Apartheidsdruk vermeerder wat interaksie op kulturele gebied stuit. Athol Fugard[10] het in 1958 sy stuk Nongogo in die Rehearsal Room in Dorkay House in Johannesburg opgevoer met John Kani en Winston Ntshona. Hulle het ook die Serpent Players in Port Elizabeth bedryf asook die Circle Players van Kaapstad. Die vermeerdering van Apartheidswette het gelei tot meer en meer Anti-Apartheid stukke. Fugard skryf The Blood Knot, Basil Warner skryf Try for white, en David Herbert skryf Kakamas Greek. Selfs in die geledere van die Afrikaanse skrywers beweging genaamd die Sestigers is daar opstand teen die Verwoerd-dominansie van Apartheid. 'n Stuk wat Verwoerd se ideologie direk konfronteer was N.P. van Wyk Louw se Pluimsaad waai vêr (1966). Bartho Smit se stuk Die Verminktes (1960) is geskryf in verset van die toe huidige bestel. In 1965 word alle gemengde rassige gehore verbied deur die regering, asook veelrassige gehore. 'n Uitwerking hiervan kan gesien word in die werk van Athol Fugard wat nou sy werk eksklusief met wit spelers aanbied soos byvoorbeeld – People are living there, Hello and Goodbey en, Boesman and Lena. Boesman and Lena se rolverdeling is byvoorbeeld hanteer deur Yvonne Bryceland en Boesman is gespeel deur Athol Fugard self. In 1972 besluit hy om hierdie apartheidsreël teë te gaan en voer Sizwe Banzi is dead op met die Serpent players. In 1964 in Durban het Ronnie Govender en Muthal Naidoo die Shah Theatre Academy gevorm, terwyl Gibson Kent ander temas aanpak soos liefde, geweld en alkoholisme. Twee van Kent se mees suksesvolle spelers het ook die suksesvolle stuk Woza Albert[11] geskep. Hierdie toneelstuk het internasionale sukses bereik. Maishe Mapona se stuk Gangsters is deur die Direktoraat vir Publikasies as opruiend beskou en die opvoer daarvan in Diepkloof is verbied. Die revolusie van 1976 teen Apartheid het gelei tot meer en meer aksies wat aanleiding gegee het tot die geboorte van Demokrasie in Suid-Afrika in 1994. Daar was nie 'n tekort aan Suid-Afrikaanse teater stemme in hierdie stadium nie, maar wel 'n tekort aan teaters wat hierdie stukke kon huisves. Die staatsgesubsidieerde Raad vir Uitvoerende Kunste was meestal net geïnteresseerd in Afrikaanse werke en nie soseer in nuwe Engelse stukke nie. Die enigste toneelstuk wat die saak van Apartheid in hierdie tyd aanspreek in Afrikaans was Kanna hy kô hystoe geskryf deur Adam Small. Hierdie stuk het die lot van die kleurlinge aangespreek en is opgevoer deur die streeksrade. Intussen het die TRUK (Transvaalse Raad vir Uitvoerende Kunste) se Arenateater in Johannesburg, Kruik (Kaapse Raad vir Uitvoerende Kunste) se Theatre Laboratory en Bloemfontein se Presidensieteater wel “eksperimentele” werke op in opstand teen die streng Apartheidswetgewing. Kontroversiële werke is opgevoer in “huis-teaters”. Daar het egter 'n paar teaters ontstaan in hierdie tyd wat vandag nog 'n rol in ons teaterlewe speel. The Space open in Kaapstad en bied ongeveer 300 produksies aan van Fugard se stuk Statements after an arrest under the Immorality Act. In Johannesburg bied die Market Theatre onderleiding van Barney Simon en Mannie Manim[12] ’n onafhanklike teaterruimte aan sedert 1974. Die Market Theatre is gesetel in die ou Indiese varsprodukte mark in Johannesburg en het drie teaters beskikbaar: die Laager Theatre, die Main Theatre en die Barney Simon Theatre. In hierdie teaters is Suid-Afrikaners van alle rasse blootgestel aan groot Suid-Afrikaanse dramaturge se werk, soos byvoorbeeld die van Fugard, Zakes Mda, Pieter-Dirk Uys, Gibson Kente, Adam Small, Kessie Govender, Maishe Mpoynya en Matsemela Manaka. Wonderlike stukke is hier opgevoer soos die werke van Fugard: Lesson from the Aloes, Master Harold and the boys, en My Children! My Africa! Norman Coombes van die Engelse geledere skryf die drama Snake in the Grass om protes aan te teken teen die Apartheidsregering. In Kaapstad open die Baxter teater in 1977 deur J. Slemon. In 2001 bestuur Mannie Mannim hierdie teater wat dan ook 'n platvorm word vir baie stukke wat deur die Markteater opgevoer is.[13] Temas wat gedurende die tydperk ontgin is, is dramas wat die behuisingsprobleme aanspreek soos Imfundise wat deur die vroue van Crossroads aangebied is. Elsa Joubert se boek Poppie Nongena word in 'n toneelstuk verwerk om die lot van huisbediendes aan te spreek. Bopha behandel die krisis van die swart polisieman. Die werkersunies gebruik die teater om hul saak te stel byvoorbeeld in The sun will rise over the workers soos geskep deur die Junction Avenue Theatre Company. 'n Werkswinkeltoneelstuk naamlik, You strike the woman, you strike the Rock het onstaan uit die slagspreuk wat gebruik is tydens die vroue opstand in 1956.[14] Dit is die eerste keer aangebied in 1986 deur die Community Arts Project van Kaapstad. Die tydperk vanaf om en by 1985 tot 1992 is gekenmerk deur onrus en al hoe meer onsekerheid in die land. Die politieke atmosfeer word veral weerspieël tydens die Grahamstad Arts Festival. Hier kon 'n mens duidelik sien hoe die teater beïnvloed is deur die ekonomiese resessie en die gevolge van die sensor beperkings omdat die land bykans in 'n polisiestaat verander het. Dit was veiliger om weg te bly van politiese kwessies. Sedert die aanstelling van die nuwe president F.W. de Klerk op 1 Februarie 1990, die vrystelling van Nelson Mandela in 1992 en nadat Apartheid afgeskaf is sou 'n mens verwag dat die teater in Suid-Afrika nie meer sou groei nie. Inteendeel, nou word daar aangdag gegee aan ander gemeenskaps probleme. In 1990 word Toegepaste Drama of Applied Drama[15] se Opvoedkundige Dramategnieke ook gebruik om politiese kwessies aan te spreek. Na 1994 met die afskaffing van Apartheid word Toegepaste Drama gebruik om inligting te versprei oor die bekamping van HIV/Vigs, mense regte, tiener swangerskap, dwelms en alkohol misbruik, kindermishandeling en geweld teen vroue.[16] Die Afrikaner Pieter-Dirk Uys spot nou weer met gesagsfigure soos Thabo Mbeki en met 'n kabinet minister wat blykbaar sou voorstel dat VIGS deur middel van 'n konkoksie van beet en knoffel genees kan word. Hierdie tydperk vanaf 1990 word deur Mavis Taylor die tydperk van die Teater vir Heling genoem. Die nuwe Suid-Afrika met sy “reënboognasie” idee moes 'n nuwe identiteit begin soek. Mavis Taylor verkry sy idee van die Teater van Heling vanaf 1992 na aanleiding van stukke soos Poison van David Kramer en Taliep Pietersen en ontgin so die tema van verdowingsmiddels en geweld op die Kaapse Vlakte. Athol Fugard bied Playland aan om versoening uit te beeld tussen 'n wit en swartman. Verdere werke is die van die Jane Taylor en William Kentridge se Handspring Puppet Company wat Ubu and the Truth Commision[17] aanbied. Kramer en Pietersen maak ook geskiedenis met hul uiters suksesvolle musiekteaterproduksie Fairyland wat die nuwe Suid-Afrika geestig interpreteer. Ander werke van belang is Breytenbach se Boklied, Deon Opperman se Donkerland en We all fall down, Reza de Wet se Diepe Grond en Drie Sisters Twee en John Kani se Nothing but the Truth. 'n Multi-kulturele politieke teater moes tot stand kom. Aangesien die land nie meer geboikot word nie, word die teater 'n meer kommersiële bedryf. Toneelgeselskappe van oorsee begin sporadies hier optree. Na die prostesteater van die 1980’s was die gehore opsoek na ligter vermaak. As gevolg van die feit dat die teater nie meer gesubsidieer word nie en die gehore meer vermaaklike temas ondersteun is die musiekteater gewild. “Stand-up” komedies, kabaret, een-man vertonings, klugte en satiries domineer die teaterlandskap. So onstaan daar tot meer as 30 kunsfeeste oral in die land en baie klein teaters waar individue kan optree. Daar ontstaan dus 'n aktiewe teatergemeenskap in Suid-Afrika. Daar is byvoorbeeld die Nasionale Kunstefees of National Arts Festival wat in Grahamstad[18] aangebeid word. Die Manguang African Cultural Festival word jaarliks in Bloemfontein aangebied en in Oudtshoorn word die KKNK of Klein Karoo Nasionale Kunstefees[19] jaarliks gehou. En dan is daar nog kleiner feeste soos Clover Aardklop, Arts Alive, Gariep Kunstefees, Die Woordfees in Stellenbosch en die Wits Arts and Literature Experience. Buiten die feit dat daar teaters by talle Casino’s in die land is word daar steeds teaterstukke aangebied in teaters soos die Artscape Theatre in Kaapstad, die Barnyard teaters wat nasionaal voorkom, en die Fugard Theatre in Kaapstad. Daar is die Theatre on the Square in Johannesburg, die State Theatre in Pretoria en die Market Theatre in Johannesburg en die Baxter Theatre in Kaapstad wat steeds gehore lok. Nuwe temas word ontgin deur skrywers en weereens is die Market Theatre op die voorpunt van die ontwikkeling met hul Market Theatre Laboratory wat gemeenskapsteater aanmoedig deur hul ruimte aan te bied vir 'n jaarlikse gemeenskapsteaterfees. Verder borg hul ook die Young Writers’ festivals om skryfkuns aan te moedig.[20] Volgens Hauptfleisch[21] is die mees voor die handliggendste veranderinge sedert die laaste tien jaar op die toneelplatform in as volg: Daar is 'n groei in die gewildheid van musiekblyspelteaters as gevolg van die feit dat ingevoerde vertonings in Casinoteaters gewild raak. Dan is daar ook 'n verdieping te bespeur rakende ernstige teater – Die stukke is meestal korter en nie noodwendig drie bedrywe lank nie. Fisiese teater, eenmanvertonings, kabaret en “stand-up” komedie, asook musiek en sang raak al hoe gewilder. Daar ontstaan baie kleiner ad hoc toneelgroepe wat deur die land van kunstefees tot kunstefees reis en dan ook in verskeie “huis”-teaters optree op kleiner dorpe. Hoe die Afrikaanse teater in Suid-Afrika ontstaan het en gegroei het as gevolg van protes teen Britse pogings om Suid-Afrika te verengels[wysig | wysig bron] Die Afrikaanse teatergeskiedenis sedert die 1800 vertel 'n eie storie. Die voortstuwende motivering van die teater in Afrikaans was spesifiek om die taal Afrikaans te bevorder en 'n eie nasionaliteitsgevoel in opstand teen die gebruik van Hollands as voertaal en ook teen die afdwinging van Engels as gebruikerstaal in die skole en in die regering. Ons kan dus tot die gevolgtrekking kom dat die teater in Afrikaans, nes die Protesteater van die Anti-apartheidsbewegings sterk motiveer is deur drang om die reg van mense op hul eie kultuur en taal te laat voortlewe. In Drama en Toneel in Suid-Afrika 1800 tot 1962, geskryf deur Prof. F.C.L. Bosman,[22] kan ons 'n oorsigtelike beeld van hierdie geskiedkundige ontwikkeling van die teater vir die Afrikaner kry. Daar word ook verwys na hoe die teater in die Engelse gemeenskap gedurende hierdie tydperk ontwikkel het. Honderd jaar terug was daar min dorpe in ons land en dus ook nie teaters nie. Dis interessant om te weet dat daar darem in 1781 toe die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie al op vertrek gestaan het 'n Hollandse toneelstuk opgevoer is aan die Kaap. Die Franse garnisoen se huursoldate het Beaumarchais se stuk Die Barbier van Sevilla opgevoer. Mans het vroue rolle vertolk en moes die Kaapse dames se juwele leen! In 1795 beset die Britse troepe die Kaap en hul open die Garnisoenteater in hulle barrak. Kort voor lank word die African Theatre of Afrikaansche Schouwburg op die markplein in 1801 geopen. Kragtens die ooreenkoms van Amiens word die Kaap weer aan die Hollanders teruggegee en in 1813 word 'n aantal toneelstukke vir die Kaapenaars vertaal en opgevoer deur Charles Etienne Boniface. Hy skryf die eerste ware toneelstuk van Afrikaanse literêre belang naamlik De Temperantise omdat die taal van die kleurlinge in die toneelstuk gebruik word.[23] Daar ontstaan in hierdie tyd Nederlandse toneelgroepe soos byoorbeeld Tot Nut en Vermaak en Door Yver Vruchtbaar. In Grahamstad ontstaan daar Engelse amateurtoneelgroepe. As gevolg van 'n godsdienstige herlewing in die Kaap word die Afrikaansche Schouwburg gesluit in 1838 om as kerk vir die slawe te dien. Vandag is die gebou 'n monument en bekend as St. Stephen’s-kerk. In die 1840’s word Hollandse amateurtoneelgeselskappe se toneelstukke oral in die land aangebied. In 1876 kry Kaapstad weer 'n teater in Burgstraat, naamlik die Royalteater. Kaptein Disney Roebuck is die teaterbestuurder en hy bring talle geselskappe van oorsee om daar op te tree. In Kimberley waar diamante ontdek is word daar ook 'n Royalteater gebou. En so gebeur dit dat daar bykans in elke groterige dorpie 'n Royalteater in hierdie tyd gebou word vir rondreisende amateurgeselskappe om in op te tree. Immigrante kom na Suid-Afrika met die groot goudstormloop en in Johannesburg word daar byvoorbeeld nog teaters opgerig waarvan die Standard Theatre die bekendste was. Met die Uniewording in 1910 bied die reggiseur van skouspele van Brittanje, naamlik Frank Lascelles, 'n groot opvoering op 'n strand in Kaapstad aan terwyl die suidoostewind waai! Stephan Black skryf toneelstukke wat landwyd aangebied word. Maar die koms van die bioskoop begin die gewildheid van toneelopvoerings doodgedruk word sedert 1929.[24] Die eerste Afrikaanse rondreisende toneelgeselskap is gestig deur Hendrik en Matilda Hanekom in 1925 onder die leiding van 'n Belgiese man met die naam Paul de Groot. Paul de Groot is in Nederlands-Oos-Indië gebore en opgelei as akteur in Amsterdam. In November 1924 voer hy sy eerste voordrag op in Kaapstad. Hy stig 'n Afrikaanse Toneelgeselskap, lei sy akteurs op en konsentreer daarop om meestal vertaalde stukke in Afrikaans in die stede en ook die platteland op te voer. Hy bereik sy doelwitte met groot sukses. Toneelspelers wat deur hom opgelei is werk daarna lewenslank in Suid-Afrika in die professie. Groot name van daardie eerste Afrikaanse toneellandskap is mense soos: Andrè Heugenot, Lydia Lindeque, Wena Naudè en Siegfried Mynhardt. Paul de Groot voer toneelstuk deur C.J. Leipoldt, Die Heks op en daarna vertaalde stukke soos Oorskotjie van Dario Niccodemi, Jan van Ees se As Mans Huishou, Alexandré Dumas sr. se ‘n Gerieflike Huwelik en die Nederlandse stuk Levend Dood deur A. den Hertzog gedoen, wat hy as Haar Tweede Man herdoop het. Die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie ontstaan in 1936 en skep meer werk vir plaaslike toneelspelers. In 1941 bied die Alhambra Theatre Engelse opvoerings aan waarin die Suid-Afrikaanse ster aktrise, Marda Vanne optree. Sy was ook beroemd vir haar spel in Londen, Brittanje. In 1948 word die Nasionale Toneelorganisasie gestig met meneer P.P. Breytenbach as direkteur. So ontstaan daar dan 'n gesubsidieerde staatsteater in elke provinsie en in 1963 ontbind die NTO. Hierdie streeksrade was: TRUK in Transvaal, KRUIK in die Kaap, SUKOVS in die Vrystaat en NARUK in Natal. Toneelspelers kan nou 'n beroep beoefen en 'n salaris verdien. In Pretoria word die Kleinteater geopen en opvoerings van die nuutgestigte Spraak- en Dramadepartement van die Universiteit van Pretoria word daar aangebied. Nou lei Suid-Afrika sy eie toneelspelers op. Toneelspelers wat deel was van die streeksrade het alombekend geword. Van hierdie mense het later uitgeblink in die Suid-Afrikaanse televisie en filmbedryf soos byvoorbeeld: Anna Neethling Pohl, Francois Swart, Frans Marx, Cobus Rossouw, Petru Wessels, Carel Trichardt, Sandra Prinsloo, Wilna Snyman, Louis van Niekerk, Tobie Cronjé, Wilson Dunster, Siegfried Mynhardt, Patrick Mynhardt, Ken Leach, Katinka Heyns en Marius Weyers. Hierdie gelukkige akteurs en talle ander het as professionele akteurs gewerk in die sogenaamde ou Suid-Afrika. Vandag is daar uitstekende toneelspelers in Afrikaans en Engels wat van Kunstefees na Kunstefees trek met hul toneelstukke omdat daar nie meer 'n gesubsidieerde Suid-Afrikaanse teater bestaan nie.[25] Toneelstukke wat in die tydperk vanaf 1974 tot om en by 1990 geskryf is in die Afrikaanse geledere en van belang is as werke wat die toets van die tyd kan deur staan is byvoorbeeld, Siener in die Suburbs deur PG du Plessis, 'n verwerking van Mikro se Matewis en Meraai, Plaston, DNS-kind, ‘n Seder val in Waterkloof en die Nag van Legio. Kanna hy kô Hystoe word geskryf deur Adam Small. Hierdie Kaaps Afrikaanse skrywer publiseer die volgende dramas: Joanie Galant-hulle, Krimis van Maps Jacobs, Orange Earth en Maria, Moeder van God. Chris Barnard lewer talle toneelstukke soos Pa maak vir my ’n vlieër Pa, ’n Stasie in die niet, Die rebellie van Lafras Verwey, Iemand om voor nag te sê, Op die pad na Acapulco, ’n Man met vakansie, Taraboemdery en Piet-my-vrou en Nagspel. Pieter Fourie is ook een van die groot dramaturge in Afrikaans. Hy publiseer onder andere tussen 1975 tot 2008 die volgende toneelstukke: Faan se trein, Faan se stasie, Tsjaka, Die joiner, Die plaasvervangers, Mooi Maria, Ek, Anna van Wyk, Die groot wit roos, Vat hom Flaffie, Donderdag se mense, Naelstring, Elke duim 'n koning, Koggelmanderman en Jasmyn. Wim Vorster (1949) skryf die volgende werke: Die Joburg zoo storie, Skimmespel, Waterman in 2006 en Terugkere. Kruispad (wat in 2010 by die Grahamstadse Nasionale Kunstefees opgevoer word en die vervlakking en vermorsing van Afrikaans as taal as tema het), Kuifman en Alleensaam. Hy skryf talle dramastukke vir skole byvoorbeeld O Hex, Nagvoëls, Smeltkroeg, Pretpark, Nagmaal, Vaas, Steriel en Heksekind[26]. Dan is daar ook die skrywer Deon Opperman wat vir uitstkende dramas sorg soos Die Teken, Stille Nag, en Boesman, My Seun, Magspel en Donkerland, Ons vir jou en die onlangse Kaburu. Opperman se dramas het deurgaans 'n versetmotief in die postkoloniale Suid-Afrika.[27] Vandag is ons teater in Afrikaans se oorlewing afhanklik van die bestaan van die konsep van kunstefeeste.[28] Daar is 'n hele rits kunstefeeste wat ontstaan het om die teater na die Afrikaanse en Engelse gehore te bring. Hier is 'n lys van die belangrikste feeste wat in Suid-Afrika bestaan: Grahamstadse Nasionale Kunstefees, KKNK op Oudtshoorn, Clover Aardklop op Potchefstroom, US Woordfees te Stellenbosch Vrystaatkunstefees van Bloemfontein, Cederberg-kunstefees te Clanwilliam, Kalfiefees te Hermanus, Die Suidoosterfees te Kaapstad, Inniebos-kunstefees te Nelspruit. Bronnelys[wysig | wysig bron] - Hauptfleisch, T. 2007. The shaping of South African Theatre: an overview of major trends. In: Arndt and Brendt. Words and Worlds. African Writing, Literature and Society – A commermorative Publication in honor of Eckhard Breittinger. African World Press, 2007 - Andrezejewski, BW., Pilaszewicz, S. & Tyloch, W. (1989) Literatures in African Languages: theoretical issues and sample surveys. New York: Cambridge University Press - Bosman, FCL. 1969. Drama en toneel in Suid-Afrika: 1800–1962. Pretoria: J.L. van Schaik. - Shaw, D. 2009. The origins of Kaatje Kekkelbek. University of Macau. - Erlmann, V. 1991. African stars: Studies in black South African performance. Chicago: University of Chicago Press. - Dhlomo, HIE. 2002. The girl who killed to save. Alexander Press. - Banham, M. 2004. A history of Theatre in Africa. New York: Cambridge University Press. - Orkin, M. 1991. Drama and the South African state. New York: Manchester University Press. - Hauptfleisch, T. 2007. Ibid. - Werthheim, Albert. 2000. The dramatic art of Athol Fugard to the world. Bloomington: Indiana University Press. - Mtwa, P., Ngema, M. Simon, B. 2009. Woza Albert. York: Methuen Drama - Henriques, L. & Stephanou, I. 2005. The world in an orange. South Africa: Jecana Life. - Benson, M,1997, Athol Fugard and Barney Simon: Bare stage, a few props, great theatre, Johannesburg, Raven Press. - Krueger, A, 2009, Experiments in Freedom: Explorations Of Identity In New South African Drama, London, Cambridge Scholars Publishing. - Nicholson, H. 2009. Theatre and education. Hampshire: Palgrave Macmillan. - Dalrymple, L. 2006. Has it made a difference? Understanding and measuring the impactof applied theatre with young people in the South African context. Research in Drama Education: The Journal of Applied Theatre and Performance 11(2):201-218. http://dx.doi.org/10.1080/13569780600671070 (Besoek op 13 Augustus 2013). - Taylor, J., Kentridge, W. & Handspring Puppet Company. 1998. Ubu and the truth commission. South Africa: Juta and company. - Kitshoff, Herman. 2004. Grahamstown National Arts Festival -Grahamstown, 1- 10 July 2004. South African Theatre Journal, Volume 18:246-249. - Kitshoff, Herman. 2004. Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) -Oudtshoorn, 3-11 April 2004. South African Theatre Journal, Volume 18:237-241. - Maas, Michael. 2006. The Performing Arts in South Africa today – Beggar or Growing Entrepreneur. Nasionale Kunstebestuursimposium, Potchefstroom. Junie. - Hauptfleisch, 2007 ibid. - Binge, L.W.B. 1969. Ontwikkeling van die Afrikaanse toneel (1832–1950). Pretoria: Van Schaik. - Bosman, F.C.L. 1980. Drama en toneel in Suid-Afrika, Deel ll: 1856–1912. Pretoria: Van Schaik. - Du Toit, P.J. 1988. Amateurtoneel in Suid-Arika. Kaapstad: Academica. - Die uitvoerende kunste in Suid-Afrika. 1969. Johannesburg: Swan Press Beperk. - Brink, AP. 1974. Aspekte van die nuwe drama. Pretoria: Academica. - Coetser, J. 2006. Van millenium tot millenium: Afrikaanse drama en teater circa 1990 tot circa 2003. In Van Coller (red), Perspektief en Profiel. ’n Afrikaanse literatuurgeskiedenis III. Pretoria: JL van Schaik. - Hattingh, Jana. 2010. Die bemarking van Afrikaanse teater: vraag en aanboed ten opsigte van toneel as produk. Mdram. Universiteit van Stellenbosch.
<urn:uuid:4c092fe6-27fb-4718-8c03-fa0c288975ac>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Inheemse_teater_in_Suid-Afrika
2019-07-16T23:04:10Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00487.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99987
false
P.H. Nortjé P.H. Nortjé (1920–2012) was 'n skoolhoof en later vise-rektor van Wellington Onderwyskollege. As skrywer raak hy veral bekend vir sy jeugverhale (waarvoor hy die Scheepersprys verwerf) en sy outobiografiese sketse en anekdotes. P.H. Nortjé | | Geboortenaam | Peter Henry Nortjé | ---|---| Gebore | 20 Oktober 1920 Willowmore | Oorlede | 8 Junie 2012 Strand | Nasionaliteit | Suid-Afrika | Beroep | Onderwyser, skrywer | Bekend vir | Boeke | Huweliksmaat | Mikie | Kind(ers) | Charl, Francois, Pierre-Henri | Inhoud Lewe en werkWysig Peter Henry (P.H.) Nortjé is op 20 Oktober 1920 as die jongste van vier kinders op die plaas Klipfontein, naby Willowmore in die Baviaanskloof gebore. Hy is die jongste van vier kinders, twee seuns en twee dogters, van Charles Henry (Charlie) Nortje en Gertruida Susanna (Gerty) Smith. Sy oupa aan moederskant is Petrus Hendrik Smith, ’n direkte afstammeling van die Britse Setlaars, na wie hy vernoem is en Henry kry op sy oupa se aandrang die Engelse vorm van die name. Henry se broer is Johannes Gerhardus Francois (Francis) en sy susters is Susie en Sally. Sy skoolopleiding begin by ’n plaasskool, die Eendracht Primêre Skool. Hier is sy vordering so goed dat hy aan die einde van sy Sub B-jaar sommer direk oorgeplaas word standerd twee toe. Na standerd ses, destyds die laaste jaar van laerskool,. Hy matrikuleer op Willowmore en studeer daarna aan die opleidingskolleges van Oudtshoorn en die Paarl. In 1951 verwerf hy 'n M.Ed-graad van die Universiteit van Stellenbosch.. Nortjé begin in 1941 op Douglas skoolhou. Daarna beklee hy verskeie poste by skole op King William’s Town, Riversdal en Wellington. In 1954 trek hy en sy familie na Wellington, waar hy die eerste skoolhoof van die Hugenote Laerskool word. Hy was vir 8 jaar die skoolhoof, waarna hy as dosent en later vise-rektor van die Wellington Opvoedkundige Kollege aangestel is Hoewel hy hier baie gelukkig is in sy werk, besef hy dat hy sy kwalifikasies sal moet verbeter om beroepsvordering te maak, beginnende met die Hoër Tweetaligheidsertifikaat. Hy bedank dan uit hierdie pos om ’n pos aan ’n Engelse skool te kry waar hy sy Engels kan verbeter en gee dan vanaf 1944 onderwys aan die Hoërskool Umtata in die Oos-Kaap. Hier word hy ernstig siek aan maagkoors en spandeer eindelik ses weke in die hospitaal, waarna hy vir die res van die kwartaal siekverlof neem om by die plaas in Baviaanskloof aan te sterk. Hy skryf in 1946 by die Paarl Onderwyskollege in vir ’n vierdejaarskursus in Liggaamlike Opvoeding vir die volgende jaar, maar beseer sy knie tydens die Junievakansie in 1946 so erg tydens ’n rugbywedstryd vir Willowmore se dorpspan dat hy hierdie studies moet laat vaar. Vanaf Julie 1947 aanvaar hy ’n pos as liggaamlike opvoeding onderwyser aan die Dale Kollege in Kingwilliamstown, waar hy aan ’n plaaslike onderwyskollege die matriekvak Engels op Hoërgraad met onderskeiding afskryf. Hierna studeer hy vanaf Januarie 1949 verder aan die Universiteit van Stellenbosch, waar hy tuisgaan in Huis Visser en aan die einde van daardie jaar as juniorkaptein en onder-primarius van die koshuis verkies word. In 1950 verwerf hy die B.A.-graad met Afrikaans-Nederlands en Geografie as hoofvakke en in 1951 die M.Ed.-graad, laasgenoemde met lof. Hy dien in sy laaste jaar op die Studenteraad. In hierdie tyd op universiteit ontmoet hy sy toekomstige vrou, Mikie van Zyl, ’n onderwyser oorspronklik van Bonnievale, met wie hy aan die einde van 1952 trou. Hulle het drie seuns, Charl, Francois en Pierre Henri, wat almal in verskeie van sy sketse figureer. Vanaf 1952 gee hy vir ’n jaar skool aan die Hoër Landbouskool Oakdale op Riversdal en dan vir ’n jaar aan die Hoërskool Langenhoven op Riversdal, waarna hy aan die begin van 1954 ’n pos aanvaar as eerste hoof van die Hugenote Laerskool op Wellington. In Januarie 1962 word hy dosent in Opvoedkunde aan die Wellingtonse Onderwyskollege en in 1968 word hy bevorder tot vise-rektor van hierdie kollege. In 1982 neem hy waar as rektor van die kollege en tree ook aan die einde van hierdie jaar af. Weens sy bekwaamheid dien hy in hierdie jare op verskeie komitees van die Onderwysdepartement. Hy en sy vrou vestig hulle in 1983 na sy aftrede in die Strand en vir die laaste sowat tien jaar van sy lewe bly hy hier in die Serenitas-aftreeoord. In 2007 is sy vrou oorlede en hy is op 6 Julie 2012 in die Strand aan hartversaking oorlede. Hy het drie seuns en agt kleinkinders agtergelaat.[1] SkryfwerkWysig Prosa vir volwassenesWysig Reeds op negentienjarige leeftyd as student in die Paarl skryf hy stories vir Die Jongspan, maar begin eers teen die einde van die vyftigerjare ernstig skryf aan jeugverhale. Hy is by uitstek ’n skrywer wat sy jeugherinneringe en die grootwordjare van sy kinders in veral humoristiese sketse verwerk. Daarmee saam skets hy die kleurryke karakters en leefwyse van ’n verbygegane tyd en lewer só ’n belangrike bydrae tot die kultuurhistoriese erfenis van die Afrikaner, terwyl hy ook verslag doen van die doen en late van die mense van sy dorp, Wellington. Hierdie sketse verskyn aanvanklik gereeld in Die Huisgenoot en word later gebundel in ’n hele aantal bundels soos “Nuut onder die son”, “Aan die sonkant”, “Op die sonpad”, “Matewis se mense gaan boer”, “Bly of gly” en “Klein Hollywood”. “Nuut onder die son” is die eerste bundel met sketsverhale waarin die lewe van die gesin op humoristiese wyse uitgebeeld word. In die alledaagse dinge, selfs dié wat jou soms frustreer, sien die skrywer telkens die humor raak. “Aan die sonkant” bevat die verhaal “Ter wille van ’n orrel”, wat waarskynlik Nortje se mees gelese en gewildste storie is. Na publikasie in Die Huisgenoot ontvang hy briewe van heinde en ver van mense wat verklaar hoe hulle dit geniet het. Die kerk benodig fondse om die kerkorrel te herstel en besluit op ’n ou-krok rugbywedstryd tussen die ouderlinge en die diakens om die geld in te samel. Toe die ouderlinge begin verloor, maak hulle ’n plan. Hulle maak Ou Groot Hennie Basson kwaad en op uiters vermaaklike wyse haak die ouderlinge eindelik die knoop deur.[2] “Op die sonpad” bevat tien sketse waarin hy veral sy gesin se wel en wee op Wellington uitbeeld. Hoewel die gesinslede gedurig met mekaar korswel, staan hulle bymekaar deur dik en dun. Hulle verklaar byvoorbeeld oorlog teen die molle in die tuin, verjaag die bewonderaars van hulle spanjoel-tefie Trinkie en bou self die nuwe motorskuiling – maar in al hierdie ondernemings gaan dinge natuurlik nie altyd volgens plan nie. In “Matewis se mense gaan boer”[2] bevind die hele gesin en hulle troeteldiere (die papegaai Matewis, die spanjoel-tefie Trinkie en die Siamese kat Sebastiaan) hulle in die Baviaanskloof tussen Willowmore en Humansdorp. Hier pas hulle een Kersvakansie die familieplaas Klipdrif op. Daar is egter ’n lang lys van noodsaaklike take wat verrig moet word, meestal totaal vreemd vir die dorpenaars. Hulle moet slaghane vang, sybokke dip, lappiesbome uithaal, draadheining bou en volstruise pluk, met teenspoed wat die onkundige gesin telkens in die gesig staar. Dit lei tot vele humoristiese insidente, maar tussenin kry hulle ook baie geleentheid om te kan nadink. In “Bly of gly” moet Pa en Ma besluit of hulle veilig in Wellington wil bly of Europa op ’n toer wil gaan aandurf. Hulle besluit op laasgenoemde en die boek beskryf hulle wedervaringe op reis.[3]“Klein Hollywood” bevat sketse en vertellings oor hoofsaaklik grappige gebeurtenisse in die gemeenskap soos wanneer die televisie die diens by die gemeente kom dek en almal in rep en roer het, ’n jagtog in die Karoo, ’n optog om Wellington se gemeenskap aan te moedig om plaaslik te koop, ’n lywige man op skaatse en nuwelinge wat ook probeer perdry. Soos die titel aandui, word dit naderhand ’n hele spektakel.[4] “Operasie sonskyn en ander leesavonture” is ’n bundel met sketse oor allerlei onderwerpe, insluitende die eerste kernaangedrewe duikboot die Nautilus, Michelangelo, Helen Keller, die twee Suid-Afrikaanse tieners wat Amerikaanse miljoenêrs se lewens red en die interessante vlermuis. Danie Botha bundel ’n keur van sy beste verhale in[5] “Wellington se suiker” [6](wat veral fokus op die [6] gesin se verblyf op Wellington) en maak in 2008 ’n keur uit al sy boeke in “Op ’n hoë noot”,[7] waarin ook uittreksels uit Nortje se jeugverhale verskyn.[8] Outobiografiese sketse word gebundel in “Korsies van growwe brood”, “Spook van die wielsleutel”, “Ken op die kierie” en “Volstruis, met wie gaan jy trou?”[9] “Korsies van growwe brood” is suiwer outobiografiese vertellings van sy jong dae af tot met sy onderwysdae. Dit is nie ’n chronologiese weergawe nie, want hy beweeg heen en weer in die tyd en betrek vroeë gebeurtenisse by die lateres, sodat ’n hele lewe in perspektief ontplooi word. Waar sy sketse in sy vorige bundels vol is van verskuilde outobiografiese vertellings, is die fokus hier op die waarheid en word vele van sy vorige sketse verklaar. ’n Belangrike deel van sy lewe waaroor hy voorheen geswyg het, sy loopbaan as onderwyser, word hier ook nader belig. Die boek is verder vol van sy kenmerkende humor, wysheid en nostalgie.[10] “Spook van die wielsleutel” [11] skryf hy na aanleiding van sy besoek aan Namibië saam met sy seun [6] Francois en hulle wedervaringe saam oor die vyftien dae van die reis. Die titel kom na aanleiding van die wielsleutel wat hulle op Ai-Ais by ’n goeie Samaritaan in die hande gekry het wat dit spesiaal oornag vir hulle georganiseer het. Iets kan nie pluis wees met hierdie transaksie nie, want hoekom spook die wielsleutel so by hulle? Die boek is gevul met kenmerkende vermaaklike gebeure en mense, maar is buiten ’n reisjoernaal ook ’n verslag van goeie menseverhoudinge en veral uitbeelding van die spesiale verhouding tussen pa en seun.[12]“Ken op die kierie” skryf hy wanneer hy reeds[13] afgetree het, omring deur afgetredenes wat ken op die kierie met smaak vyftig, sestig jaar gelede se dinge vertel, maar nie kan onthou wie vanoggend saam[14] met hulle inkopies gedoen het nie.[15] Hierin lees ons weer van mense en diere wat ’n indruk op hom gemaak het en grappige en ernstiger ervarings uit sy lewe. Hierdie boek word in verskeie afdelings verdeel. Daar is ’n afdeling oor verleenthede in sy lewe, soos die keer in Nagoena se Kloof toe hy en Aroeka bobbejane verras het; ’n afdeling oor wat gebeur wanneer jy ingedagte is, soos die aand by die Baxter Teater toe vier wonderwerke met sy kaartjies gebeur het; ’n afdeling oor raaiselagtige gebeure, soos toe hy ’n te-doen-lysie uit sy verlede in ’n wildvreemde matroos se jassak kry; ’n afdeling oor misverstande en ’n afdeling oor toevallighede, almal deurspek met sy kenmerkende sin vir humor.[16] “Volstruis, met wie gaan jy trou?”[17] se subtitel is “’n Herinneringstog”. Die boek word geskryf na aanleiding van die tog wat hy saam met sy seuns vanaf Somerset-Wes na die ou familieplaas in Baviaanskloof onderneem. Sy seuns dring daarop aan dat hulle nog eenkeer na die plek gaan waar hy groot geword het en waar hulle vroeër self vakansie gehou het. Die leser maak die vier nagte verblyf mee, asook besoeke aan bekende ou plekke en ou wonings en herontmoetings met familie en vriende. In hierdie herinneringsreis neem hy bestek op van sy eie verlede en dié van sy seuns. Die spitsvondighede, humoristiese situasies en deurleefde wysheid maak van hierdie vertellings ’n innige ouer-kind avontuur. Verder lewer Nortje bydraes tot ’n aantal boeke, soos “My Paarl” en “Hulde aan J.D.” (’n huldigingsuitgawe aan J.D. Pretorius, hoofbestuurder van Tafelberg-Uitgewers), terwyl van sy verhale in “Vertellers” van Merwe Scholtz opgeneem word. JeugverhaleWysig Sy jeugverhale “Pennie se vuur” en “Die groen ghoen” word lank aan skole voorgeskryf en die Akademie ken in 1963 die Scheepersprys toe vir hierdie twee boeke. “Pennie se vuur” se titel verwys na die bruin inwoners se koop van ’n boksie vuurhoutjies by die plaaslike winkel en is ’n episodiese weergawe van Henk Strydom en Basie van Wilgerdam Hoërskool se somervakansie. Hulle gaan na Henk se plaas in die afgeleë kloof anderkant Waboomberg en Gruisstoot se wêreld, diep tussen die loodregte Winterhoek- en Kougaberge in. As jeugboek is dit nie net die gewone variasie van spanning en avontuur nie, maar dit word ’n kroniek van die bedrywighede van ’n klein boeregemeenskap in die kloof. Die beskrywing van die vakansie met sy vermaaklike en spannende voorvalle, stel die leser veral bekend aan die kleurvolle mense van die Kloof en hul gewoontes, grotendeels deur middel van hul eie kenmerkende boeretaal. Die mense leef hier gering en beskeie, maar tog met ’n vrede en tevredenheid wat geld nie kan koop nie. “Die groen ghoen”[18] is ’n opvolg waarin Henk en Basie weer figureer. Die gebeure vind plaas op Sewefontein, ’n plaas in ’n afgesonderde kloof tussen die Winterhoek- en Kougaberge. Daar is drie storiedrade deur die boek. Henk en Basie se bende in die laerskool, die Spartaanse Ruiters (waarvan Granaat, die twee Skewe Nase en Thysie ook lede is), organiseer om geld in te samel om hulle arm skoolmaat, Thysie, na die dorpskool te stuur. Die Ruiters poog ook om met operasie Groen Ghoen die tergende geheim van Oom Kortetjie se Geel Deur op te los, terwyl die derde storiedraad die impak is van die nuwe Engelse sersant se kinders George en Margaret se koms na die plaasskool. Beide Henk en Granaat raak verlief op Margaret en George gee vir Henk ’n groot groen albaster present. Hierdie albaster word die kenteken van die Spartaanse Ruiters se operasie Groen Ghoen. Hierdie boek word in Engels (“The green ally”), Nederlands en Duits vertaal. “Donkerwater” het as hoofkarakter Jak Joubert, sestienjarige seun van Delwershoop, wie se pa in die kuil van die Swartrivier, Donkerwater, verdrink het ’n dag voor sy geboorte. Die nuwe seun Dawid Hoffman en hy kom van die staanspoor nie goed oor die weg nie. Dawid maak ’n wrede beskuldiging wat Jak se ma en sy oorlede pa raak en hy besef hy sal moet uitvind wat presies daardie dag by Donkerwater gebeur het. Die boek is in Engels vertaal as “Dark waters”. “In Voetpad se kloof” is die verhaal van ’n jong man, Bertus de Wet, wat pas terug is in Baviaanskloof na sy militêre opleiding. Hy is egter nie sonder probleme nie. Die luiperd maai onder sy sybokke en maak ook twee van die baie skaars bergsebras dood, terwyl Ansie bra afsydig is teenoor hom. Die hele omgewing word opgekommandeer vir luiperdjag en in Voetpad se kloof kry Bertus geleentheid om wraak te neem. Intussen maak die owerheid planne om die laaste bergsebras in die kloof te red. Dit is egter Bertus, sy Kleurlingmaat Mannetjies en Ansie wat midde-in die krisis gedompel word en hulle optrede wat sal bepaal of die bergsebra gered kan word.[19] “Duisendblaar” se titel verwys na ’n plaag op die Bergrivier, waar swemmers en kano’s maklik in hierdie drywende massa verstrik kan raak. Die agtergrond vir die verhaal is kanovaart en die bekende Bergrivier kanomarathon. Kobus is ’n asmalyer wat ’n kanovaarder met net een been help toe dié se helper in die duisendblaar wegsak. Hierna besluit Kobus om self te begin roei en aan die marathon deel te neem, maar hy moet sy gebrek met baie deursettingsvermoë en deur vele terugslae oorkom om sy doel te verwesenlik. “Casper” het as tema owerspel en die invloed daarvan op ’n kind. “Die wildedruif val”[20] is gebaseer op ware gebeure.[21] Na ’n kwaai droogte het dit op 3 Mei 1916 in die Baviaanskloof begin reën en teen 5 Mei was daar ’n vloed soos selde of ooit voorheen. Die vyftienjarige Hans Terblanche probeer die Campbell-gesin van ’n plaas in die Willowmore-distrik, waar hy ingewoon het om die plaasskool by te woon, te oorreed om die huis te verlaat voordat dit oorstroom word. Die Campbell-gesin word egter op een na almal uitgewis en slegs Hans en sy maat Robert Campbell oorleef toe hulle aan die takke van die wildedruif vashou terwyl alles rondom hulle meegesleur word. In die boek fokus die skrywer vir die grootste gedeelte op die aanloop tot die ramp, sodat die omgewing, die mense en hulle lewensomstandighede noukeurig beskryf word. Die boek word opgedra aan Hans, wat die gebeure later aan die skrywer oorvertel. In 1982 wen hierdie boek die jeugverhaalwedstryd uitgeskryf deur Sarie en Tafelberg Uitgewers. Die boek is ook in Engels vertaal as “The wild grape tree”.[22] “In klip en gruis” speel af teen die agtergrond van die delwerslewe. Die sewentienjarige Walliese mynwerker George Bamford kom in Desember 1868 na Hopetown se diamantdelwerye om sy fortuin te soek en ontmoet die agtienjarige weeskind Dewald Grobbelaar en sy mooi suster Maria. So ontstaan die vennootskap van Grobbelaar, Bamford en Kie, Diamanthandelaars en Delwers. Saam ervaar hulle die ontberings en aksie op die delwerye, waar skelms hulle lewens versuur, stofstorms en rotsstortings baie dae se arbeid vernietig en hulle ook betrokke raak in hulle eerste liefdesverhoudings. “Die elfde hekkie” is ’n sportroman waar Arnold Hanekom wil hekkiesloop, maar sy pa, ’n voormalige provinsiale rugbyspeler, wil hê dat hy eerder op rugby moet fokus. Hierdie boek wen in 1994 die ATKV Kinderboekprys vir ouderdomsgroep 13-15 jaar. Nortje is samesteller en medeskrywer van die “Jeugland”-leesreeks vir die Primêre Skool, terwyl van sy jeugverhale in versamelbundels soos “Voorsmaak”, “Goue fluit my storie is uit”, “Skoolstories” en “In ons goeie boekies” opgeneem word. EerbewyseWysig In 1979 word hy deur die Wellington Munisipaliteit met ’n huldigingsaand vereer vir sy bydrae tot die bevordering van jeugliteratuur en die wyse waarop hy deur sy sketsverhale die dorp op die landkaart geplaas het. Die F.A.K. ken in 1998 ’n prestigeprys aan hom toe vir sy bydrae tot die ontspanningslektuur en in 2002 word hy deur die plaaslike Rapportryers-beweging verkies as Wellington se inwoner van die jaar as erkenning vir die wyse waarop hy die dorp in sy skryfwerk bekend stel. Van sy sketse word vir die verhoog verwerk en onder die titel “Wellington se suiker” opgevoer. In 2000, ter viering van sy tagtigste verjaardag, voer Marga van Rooy “Storiesports” op, saamgestel uit sketse uit sy verhale. . In 1963 ontvang hy die Scheepersprys vir Jeugliteratuur vir dié boek, asook vir Die groen ghoen. Hy ontvang ook die Tafelberg/Sarie Jeuglektuur-prys in 1982 vir Die wildedruif val en die ATKV-prys in 1994 vir Die elfde hekkie.[23] PublikasiesWysig Jaar | Publikasies | ---|---| 1959 | Pennie se vuur | 1960 | Die groen ghoen | 1964 | Donkerwater | 1967 | Nuut onder die son | 1970 | In voetpad se kloof | 1971 | Aan die sonkant | Op die sonpad | | 1973 | Matewis se mense gaan boer | 1975 | Bly of gly | Operasie Sonskyn en ander leesavonture | | 1977 | Duisendblaar | Casper | | 1982 | Klein Hollywood | Die wildedruif val | | 1988 | In klip en gruis | 1989 | Korsies van growwe brood | 1993 | Wellington se suiker | Die elfde hekkie | | 1994 | Spook van die wielsleutel | 1997 | Ken op die kierie | 2000 | Volstruis, met wie gaan jy trou? | 2008 | Op ’n hoë noot | BronnelysWysig BoekeWysig - Botha, Andries (samesteller) “My Paarl” Andries Botha Paarl 1987 - Botha, Danie “Die helder dae” Tafelberg-Uitgewers Beperk Kaapstad Eerste uitgawe 2014 - Dekker, G. “Afrikaanse Literatuurgeskiedenis” Nasou Beperk Kaapstad Elfde druk 1970 - Kannemeyer, J.C. “Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 2” Academica, Pretoria, Kaapstad en Johannesburg Eerste uitgawe Eerste druk 1983 - Kannemeyer, J.C. “Die Afrikaanse literatuur 1652-2004” Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe 2005 - Lategan, F.V. “Voorsmaak” J.L. van Schaik Bpk. Pretoria Eerste druk 1972 - Nortje, P.H. “Korsies van growwebrood” Tafelberg-Uitgewers Beperk Eerste uitgawe 1989 - Van Coller, H.P. (red.) “Perspektief en Profiel Deel I” J.L. van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 1998 - Van Coller, H.P. (red.) “Perspektief en Profiel Deel 3” Van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 2006 - Wybenga, Gretel en Snyman, Maritha (reds.) “Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom” Lapa-Uitgewers Eerste uitgawe Tweede druk 2005 Tydskrifte en koeranteWysig - Botha, Danie “P.H. vertel van die korsies” “Die Burger” 20 Oktober 1989 - Botha, Danie “P.H. Nortje: ’n Regop kêrel” “Insig” Oktober 2000 - Burger, Hannes “P.H. Nortje skryf nie oor sonde” “Algemene Kerkbode” 11 November 1994 - Le Roux, Frieda “Skrywer is Wellington se inwoner van die jaar” “Die Burger” 13 September 2002 - Willemse, Raymond “Hart eis skrywer P.H. Nortje” “Beeld” 7 Julie 2012 InternetWysig - Botha, Danie Die Burger: http://184.108.40.206/argief/berigte/dieburger/1989/10/20/16/6.html - Botha, Danie LitNet: http://www.litnet.co.za/velerlei-ontmoetings-met-ph-nortje/ - De Vries, Willem Die Burger: http://220.127.116.11/argief/berigte/dieburger/2012/07/12/SK/10/PH_nortje_aanhalings.html - Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Nortje,_Peter_Henry - Friis, Jens Reis in Afrikaans: http://reisinafrikaans.blogspot.co.za/2012/08/op-die-voetspore-van-n-onbesonge-skrywer.html - Kakkerlak: http://kakkerlak.co.za/skrywersprofiele/nortje-p-h/ - Kotze, Suzette Die Burger: http://18.104.22.168/argief/berigte/dieburger/2000/10/21/4/7.html - Le Roux, Frieda Die Burger: http://22.214.171.124/argief/berigte/dieburger/2002/09/13/5/10.html - LitNet ATKV-Skrywersalbum 22. Julie 2013: www.litnet.co.za - Nieuwoudt, Stephanie Volksblad: http://126.96.36.199/argief/berigte/volksblad/2000/03/4/7/7.html - Springbokboeke: http://www.springbokboeke.co.za/html/skrywers.html#N - Toerien, Herman Maroela Media: http://maroelamedia.co.za/nuus/sonskynskrywer-ph-nortje-sterf/ - Willemse, Raymond Die Burger: http://188.8.131.52/argief/berigte/dieburger/2012/07/07/DB/3/rwPhnortje.html Ongepubliseerde dokumenteWysig - Nortje, P.H. “Biografiese skets” Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) Bloemfontein 14 November 2003 VerwysingsWysig - PH Nortjé op kakkerlak.co.za, besoek op 28 Junie 2014] - Wiehahn, Rialette “Tydskrif vir Geesteswetenskappe” Jaargang 15 no. 3, September 1975 - Brink, André P. “Rapport” 30 Januarie 1983 - J.H. “Die Vaderland” 14 November 1975 - De Vries, Izak “Die Burger” 23 November 1993 - Kannemeyer, J.C. “Op weg na 2000” Tafelberg-Uitgewers Beperk Eerste uitgawe 1998 - Roux, Jaybee “Beeld” 15 Desember 2008 - Van Lill, Dawid “Boeke Insig” No. 6, Somer 2009 - De Klerk, W.A. “Die Burger” 23 November 1989 - Botma, Gabriël “Die Burger” 19 Oktober 1994 - Kannemeyer, J.C. “Rapport” 16 Oktober 1994 - Brand, Marieke “Algemene Kerkbode” 13 Februarie 1998 - Cilliers, Cecile “Beeld” 2 Februarie 1998 - Coetzee, Gerda “Insig” Januarie 1998 - Crafford, Albert “Rapport” 21 Desember 1997 - Grové, Henriette “Beeld” 20 November 2000 - Vosloo, Johan “Rapport” 29 April 2001 - Smuts, J.P. “Inset”, Oktober 1961 - Pienaar, Lydia “Tydskrif vir Geesteswetenskappe” Jaargang 17 no. 3, September 1977 - Snyman, Lydia “Tydskrif vir Geesteswetenskappe” Jaargang 23 no. 2, Junie 1983 - W.d.B. Die Burger” 24 Maart 1983 - Le Roux, Marina “Die Burger” 21 Desember 1989 - Biografiese inligting op NB-uitgewers se webtuiste, besoek op 28 Junie 2014
<urn:uuid:3795a967-8140-46fc-aba5-50877dd4de64>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/P.H._Nortj%C3%A9
2019-07-19T10:45:19Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00247.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
1.000001
false
Bespreking:Wegkruipertjie Jump to navigation Jump to search Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Wegkruipertjie-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. | Artikelriglyne Daaglikse bladtrekke | |
<urn:uuid:cbe9d6cb-076f-4848-a193-c85fc6b7b7e0>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Wegkruipertjie
2019-07-21T23:28:19Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527396.78/warc/CC-MAIN-20190721225759-20190722011759-00007.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999992
false
Kategorie:Geografie van Litaue Jump to navigation Jump to search Wikimedia Commons bevat media in verband met Geografie van Litaue. | Subkategorieë Hierdie kategorie bevat die volgende 4 subkategorië, uit 'n totaal van 4.
<urn:uuid:e500e9aa-96eb-4a0d-bc1b-678c87f80312>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Geografie_van_Litaue
2019-07-21T23:31:03Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527396.78/warc/CC-MAIN-20190721225759-20190722011759-00007.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.879313
false
MAVEN MAVEN (afkorting vir Mars Atmosphere and Volatile Evolution) is 'n ruimtetuig van NASA wat ontwerp is om Mars se atmosfeer te bestudeer terwyl dit om die planeet wentel. Die doel van die missie is om vas te stel hoekom die atmosfeer en water, wat vermoedelik eens volop daar voorgekom het, verlore gegaan het.[1][2][3][4] MAVEN is op 18 November 2013 aan boord van 'n Atlas V-vuurpyl gelanseer. Dit bereik Mars op 22 September 2014 na 'n tussen-planetêre reis van 10 maande oor 'n afstand van 711 miljoen kilometer.[5] Die ruimtetuig is daarna in 'n elliptiese wentelbaan, 6 200 km by 150 km bokant die planeet se oppervlak geplaas. Die proses is geoutomatiseer omdat seine meer as twaalf minute neem om die Aarde te bereik, en die beheersentrum nie vinnig genoeg sou kon reageer nie. Op 19 Oktober 2014 sal die komeet C/2013 A1 (Siding Spring) ongeveer 135 000 kilometer van Mars verbyskuur. As 'n komeet so naby aan die Aarde kom, sou dit tussen die Maan en die Aarde, maar nader aan die Aarde verbyvlieg. Tydens die besoek sal MAVEN sy instrumente op die komeet rig om dit van nader te bestudeer.[6] Verwysings[wysig | wysig bron] - Brown, Dwayne; Neal-Jones, Nancy; Zubritsky, Elizabeth (21 September 2014). "NASA's Newest Mars Mission Spacecraft Enters Orbit around Red Planet". NASA. Besoek op 30 September 2014. - Chang, Kenneth (21 September 2014). "NASA Craft, Nearing Mars, Prepares to Go to Work". New York Times. Besoek op 21 September 2014. - Chang, Kenneth (15 November 2013). "Probe May Help Solve Riddle of Mars's Missing Air". New York Times. Besoek op 15 November 2013. - New NASA Missions to Investigate How Mars Turned Hostile. Deur Bill Steigerwald (18 November 2012) - http://www.nasa.gov/mission_pages/maven/main/ - Video: Unieke Nasa-tuig kom by Mars aan, Maroela Media, 22 September 2014 Eksterne skakels[wysig | wysig bron] Wikimedia Commons bevat media in verband met MAVEN. |
<urn:uuid:163d5dc6-6a1a-4ee0-8716-bd210e0bc760>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/MAVEN
2019-07-23T05:52:24Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00167.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999425
false
EE Limited EE Limited | | Tipe | Afdeling | ---|---| Gestig | 1 April 2010 | Hoofkantoor | Hatfield, Hertfordshire, Engeland, Verenigde Koninkryk | Sleutelpersone | Marc Allera (hoof uitvoerende beampte) | Gebied bedien | Verenigde Koninkryk | Industrie | Telekommunikasie | Dienste | Breëband-internet- en mobiele netwerkdienste, digitale televisie | Moedermaatskappy | BT Group | Webwerf | ee.co.uk | EE (oorspronklik Everything Everywhere) is 'n Britse mobiele netwerk- en breëband-internetverskaffer. Dit word tans as 'n afdeling van die Britse BT Group bedryf, maar is oorspronklik in 2010 as 'n gesamentlike onderneming (50:50) deur Deutsche Telekom en France Télécom (tans Orange S.A.) gevestig toe die twee maatskappye hulle sakebelange in die Verenigde Koninkryk (VK) in 'n enkele onderneming saamgesmelt het. EE is tans die grootse mobiele netwerkverskaffer in die VK, met naastenby 30 miljoen klante, asook die grootse verskaffer van 4G-dienste in Europa.
<urn:uuid:9a937349-2b7c-4580-98b2-615699cbe100>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/EE_Limited
2019-07-19T10:33:52Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00271.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999515
false
Spikkelseehaas Spikkelseehaas | |||||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| 'n Verwante soort by Réunion-eiland | |||||||||||||| Wetenskaplike klassifikasie | |||||||||||||| Binomiale naam | |||||||||||||| Aplysia oculifera (Adams & Reeve, 1850) | Die Spikkelseehaas (Aplysia oculifera) is 'n naakslak wat voorkom aan die suid- en ooskus van Suid-Afrika en word tot 15 cm groot. Die liggaamoppervlak is glad, bruingroen van kleur en oortrek met klein swart spikkels met wit in die middel. Die slak het prominente tentakels en die sekondêre tentakels lyk na ore. Hulle leef in baaie en riviermondings en vreet plante soos seewiere. Hulle is nagdiere. Bron[wysig | wysig bron] - Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0
<urn:uuid:eaf2e400-1ef8-4510-8a47-ac4c71bebf42>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spikkelseehaas
2019-07-19T10:37:55Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00271.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.995113
false
boks Jump to navigation Jump to search Inhoud - 1 Afrikaans (af) - 2 Nederlands (nl) - boks Enkelvoud | Meervoud | ---|---| boks | bokse | Verkleiningsvorm | | Enkelvoud | Meervoud | boksie | boksies | - 'n Houer van ligte materiaal, soos karton, hout of blik. - Pak asseblief die boeke in die boks. Vertalings: | ||| ---|---|---|---| Enkelvoud | Meervoud | ---|---| boks | — | - (sport) 'n Taktiese vegsport waartydens teenstanders probeer punte aanteken deur met vuiste na mekaar te slaan. - In boks word slegs houe of stote met 'n geslote vuis bo die gordel toegelaat. Vertalings: | ||| ---|---|---|---| Tydvorm | Persoon | Woordvorm | ---|---|---| Teenwoordige Tyd | ek | boks | Verlede Tyd | ek | het geboks | - Met die vuiste veg. - Kom hier uit voor ek jou boks! Vertalings: | ||| ---|---|---|---| - Sien Wikipedia vir meer inligting oor boks. - eerste persoon enkelvoud teenwoordige tyd van boksen - (by inversie) tweede persoon enkelvoud teenwoordige tyd van boksen - gebiedende wys van boksen - 1.: Ik boks. - 2.: Boks je? - 3.: Boks!
<urn:uuid:136c17e2-23df-4138-853e-6c1c5a86f4a2>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wiktionary.org/wiki/boks
2019-07-21T23:08:47Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527396.78/warc/CC-MAIN-20190721225759-20190722011759-00031.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99975
false
tomorrow Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek. Jump to navigation Jump to search Inhoud 1 Engels (en) 1.1 Uitspraak 1.2 Bywoord 1.2.1 Betekenisse Engels (en) Woord tomorrow Uitspraak IPA : Suid-Afrikaans: [ təˈmɔɹəʊ̯ ] Brits: [ təˈmɒɹəʊ̯ ] Amerikaans: [ təˈmɔːɹoʊ̯ ] Bywoord Betekenisse Môre Ontsluit van " https://af.wiktionary.org/w/index.php?title=tomorrow&oldid=191295 " Kategorie : Woorde in Engels Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Onlangse wysigings Lukrake woord Lukrake Afr. woord Woord begin met... Kategorieë Inligting Geselshoekie Huidige gebeure Hulp Skenkings Druk/eksporteer Skep boek Laai af as PDF Drukbare weergawe Gereedskap Skakels hierheen Verwante veranderings Laai lêer Spesiale bladsye Permanente skakel Bladinligting Haal dié blad aan Ander tale العربية Azərbaycanca Brezhoneg Català Corsu Čeština Dansk Deutsch Ελληνικά English Español Eesti Euskara فارسی Suomi Na Vosa Vakaviti Français Galego हिन्दी Magyar Հայերեն Interlingua Bahasa Indonesia Ido Italiano 日本語 Қазақша ಕನ್ನಡ 한국어 Kurdî Limburgs ລາວ Lietuvių Latviešu Malagasy മലയാളം Монгол မြန်မာဘာသာ Nederlands Occitan Polski Português Română Русский Simple English Gagana Samoa Svenska Kiswahili தமிழ் Тоҷикӣ ไทย Türkçe ئۇيغۇرچە / Uyghurche Українська اردو Oʻzbekcha/ўзбекча Vèneto Tiếng Việt 中文 Bân-lâm-gú Die bladsy is laas op 17 Februarie 2018 om 08:00 bygewerk. Die teks is beskikbaar onder die lisensie Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel . Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting. Privaatheidsbeleid Inligting oor Wiktionary Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:167617ed-0334-4bec-a2f0-b3a91252f49d>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wiktionary.org/wiki/tomorrow
2019-07-21T23:56:09Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527396.78/warc/CC-MAIN-20190721225759-20190722011759-00031.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.986994
false
Hy loop oop Hy loop oop | |||| ---|---|---|---|---| Ateljeealbum van Brendan Peyper | |||| Vrygestel | 14 April 2017[1] | ||| Genre | Popmusiek, country[2] | ||| Etiket | Sony Music Entertainment Africa | ||| Brendan Peyper-chronologie | |||| Hy loop oop is die tweede ateljeealbum van Afrikaanse popsanger Brendan Peyper. Hy loop oop sit Peyper se countryklanke en akoestiese ondertoon voort, maar bied meer elektro-elemente.[2] Sy kenmerkende klanke van kitaar, tromme, klawers, banjo, en bekfluitjie word ook op Hy loop oop verteenwoordig.[2] Snitlys[wysig | wysig bron] Nr. | Titel | Speeltyd | ---|---|---| 1. | "Twee is beter as een" | 4:04 | 2. | "Vanaaand sê ek net ja" | 3:35 | 3. | "Hy loop oop" | 3:32 | 4. | "Jou mond is in die pad" | 3:52 | 5. | "Ek gee jou my woord" | 3:10 | 6. | "Net 'n bietjie" | 2:47 | 7. | "Niemand soos jy nie" | 4:08 | 8. | "In silhouette saam met my" | 4:20 | 9. | "Dis so lekker" | 3:01 | 10. | "Ek soek" | 3:21 | 11. | "Sal jy my kan vergewe?" | 4:32 | 12. | "Koffie pure plaas" | 4:00 | 13. | "Rollercoaster" | 3:25 | 14. | "Stille waters" | 4:13 | 15. | "Province Medley" | 3:32 | Verwysings[wysig | wysig bron] - "Hy Loop Oop". Verky op 22 April 2018 – via Amazon. - Brendan Peyper se nuwe album is hier en "hy loop oop!".
<urn:uuid:7e92e61c-5214-48b4-89d5-fe8571345995>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Hy_loop_oop
2019-07-23T05:22:25Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00191.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998656
false
On-line version ISSN 2072-8050 Print version ISSN 0259-9422 Herv. teol. stud. vol.67 n.3 Pretoria Jan. 2011 ORIGINAL RESEARCH Historical-comparative ecclesiology - Towards a comprehensive Practical Ecclesiology Wim A. Dreyer Reformed Theological College, University of Pretoria, South Africa ABSTRACT Practical Ecclesiology is a theological discipline, which opens up the possibility of a multi-disciplinary approach to ecclesiology. One aspect of such a multi-disciplinary Practical Ecclesiology is a historical-comparative approach. In this contribution an historical-comparative ecclesiology is developed under the headings of institutional, transformational and non-institutional ecclesiology. Practical Ecclesiology is normally practised from an empirical, strategic and hermeneutical perspective. This article argues that a historical perspective is essential to Practical Ecclesiology as it deepens our understanding of how the church evolved, transformed and adapted over centuries. This opens up important points of discussion in context of the 21st century. Inleidende opmerkings Probleemstelling In hierdie artikel word van die standpunt uitgegaan dat 'n histories-vergelykende ekklesiologie nie net in teologiese dissiplines soos Kerkgeskiedenis en Sistematiese Teologie tuishoort nie, maar ook as onderafdeling van Praktiese Ekklesiologie behoort te funksioneer. Histories-vergelykende ekklesiologie word selde in verband gebring met Praktiese Ekklesiologie. Normaalweg word Praktiese Ekklesiologie vanuit 'n empiriese, strategiese en hermeneutiese perspektief benader (vergelyk in hierdie verband Heitink 2007:25). In só 'n benadering word erns gemaak met insigte vanuit Praktiese Teologie, Eksegese, Sistematiese Teologie, Missiologie en ander teologiese dissiplines. Na my mening kan Praktiese Ekklesiologie verryk en versterk word wanneer 'n historiese perspektief by die empiriese, hermeneutiese en strategiese perspektiewe gevoeg word. In só 'n benadering word erns gemaak met insigte vanuit Kerkgeskiedenis, Kerkreg en Dogmengeskiedenis. Dit is van besondere belang vir Praktiese Ekklesiologie om kennis te neem van die wyse waarop kerkbegrip en kerkwees in die geskiedenis - en in verskillende kerklike tradisies - konkreet gestalte gevind het. Hierdie bydrae moet dus verstaan word as 'n eksperiment in histories-vergelykende ekklesiologie, met die doel om voorlopige kontoere te trek waarvolgens dit as onderafdeling van Praktiese Ekklesiologie kan funksioneer. Terminologie Ter wille van duidelikheid in argumentasie moet die begrippe ekklesiologie, kerkbegrip en kerkwees by voorbaat omskryf word: - Ekklesiologie is 'n teologiese dissipline binne die breë raamwerk van teologie as wetenskap. Ekklesiologie is teologies-kritiese nadenke oor die wese en roeping van die kerk binne 'n bepaalde konteks en historiese omstandighede. Dit kan vanuit verskillende perspektiewe benader word, waarvan 'n histories-vergelykende ekklesiologie een is. - Kerkbegrip verwys na 'n geformuleerde leerstuk oor die wese van die kerk, soos dit in 'n bepaalde geloofsgemeenskap (gewoonlik in belydenisskrifte en kerkordes) verwoord word. Dit dui verder op 'n bepaalde selfverstaan en identiteit van 'n bepaalde geloofsgemeenskap. - Kerkwees verwys na die konkrete gestalte wat die kerk as geloofsgemeenskap binne 'n bepaalde historiese konteks aanneem en hoe die kerk in die praktyk die evangelie van Jesus Christus uitdra. Kerkwees verwys na 'n geloofsgemeenskap se lewe, coram Deo. Daar word van die standpunt uitgegaan dat insigte vanuit die ekklesiologie bepalend inwerk op kerkbegrip. Kerkbegrip is weer bepalend vir kerkwees. Ekklesiologie, kerkbegrip en kerkwees funksioneer interaktief en interafhanklik. Die noodsaak van 'n omvattende en multi-dissiplinêre ekklesiologie Kerkwees in die 21ste eeu staan in die teken van krisis en verleentheid. Heitink (2007) formuleer dit soos volg: Het gaat niet goed met de kerk. Als in onze tijd niet een ingrijpende heroriëntatie plaatsvindt, is het met de kerk als instituut in ons land menslijkerwijs gesproken binnen enkele generaties voorbij. (Heitink 2007:Voorwoord) En verder: Ook zelf beoordeel ik de huidige toestand van die kerk als ernstig. Het gaat hier om wellicht de zwaarste crisis in de geschiedenis van die kerk in West-Europa sinds sy ontstaan. (Heitink 2007:21) Ook McGrath (2001) meen dat ekklesiologie die kerk help in die die proses van aanpassing en hervorming: The area of Christian theology which deals with the doctrine of the church is usually referred to as 'ecclesiology' (Greek: 'ecclesia', 'church'), and is of major importance to anyone proposing to engage in pastoral ministry of any kind. Ecclesiological questions break into ministry at point after point. What sort of body is the church? Ecclesiology is that area of theology which seeks to give theoretical justification to an institution which has undergone development and change down the centuries, set against an altering social and political context. To study Christian understanding of the church is to gain insights into the way in which institutions adapt in order to survive. (McGrath 2001:476) Sonder om die saak hier verder te beredeneer, word van die standpunt uitgegaan dat dit dringend noodsaaklik geword het om op 'n meer omvattende, geïntegreerde, multidissiplinêre en ekumeniese wyse met ekklesiologie om te gaan, ten behoewe van die opleiding van teologiese studente wat midde in die kerklike krisis en verleentheid as predikante gaan dien. 'n Omvattende gesprek oor ekklesiologie is van belang vir die kerk in die algemeen. Hierin kan 'n teologiese dissipline soos Praktiese Ekklesiologie met al sy onderafdelings (waarvan histories-vergelykende ekklesiologie een is) 'n waardevolle bydrae lewer. Histories-vergelykende ekklesiologie Wanneer 'n mens met ekklesiologie besig raak, stuit jy by voorbaat teen die diversiteit in terminologie, benaderings, modelle en verskillende interpretasies van Skriftuurlike gegewens. Brueggemann (1991) benut die term 'modelle van kerkwees' om hierdie diversiteit aan te toon: There is no one single or normative model of church life. It is dangerous and distorting for the church to opt for an absolutist model that it insists upon in every circumstance. Moreover, we are more prone to engage in such reductionism if we do not keep alive a conversation concerning competing and conflicting models. Or, to put it positively, models of the church must not be dictated by cultural reality, but they must be voiced and practiced in ways that take careful account of the particular time and circumstance into which God's people are called. Every model of the church must be critically contextual. Posing the question about models in this way at this time requires us to think about 'Christ and culture'; to think about the place where God has put us and what is an appropriate modelling for our time and circumstance. (Brueggemann 1991:129) Brueggemann beklemtoon dat een model van kerkwees nie bo 'n ander verabsoluteer mag word nie. Ekklesiologiese reduksionisme lei tot stagnasie, institusionalisme en die onvermoë om by nuwe omstandighede aan te pas. Dit is uiters gevaarlik vir die kerk, omdat dit tot verval en agteruitgang lei. Dit maak 'n 'voortdurende hervorming van die kerk' onmoontlik. Die gevolgtrekking is dat 'n sinvolle gesprek oor kerkwees in die 21ste eeu daarby baat wanneer verskillende modelle van kerkwees in hulle historiese konteks met mekaar vergelyk word. Die diversiteit in terminologie en benaderings kan ook met ander voorbeelde aangedui word. Koffeman (2009:50-51) gebruik die term 'gestaltes van kerkwees' (universele kerk, lokale kerk, partikuliere kerk en ordes). Hy sluit hierin by Dombois en Picht aan. Dekker (2003:166-175) gebruik die term 'vorme van kerkwees'. Hy onderskei tussen territoriale, mentale, funksionele en kategoriale vorme van kerkwees. Heitink (2007:161-167) onderskei op sy beurt tussen 'tipes van kerkwees'. Hy identifiseer die eerste kerktipe as 'n publieke kerk, wat as volkskerke of staatskerke funksioneer. Publieke kerke wil soveel as moontlik mense van 'n bepaalde samelewing omvat. In die kerktipe staan die ampsdraer, verkondiging en sakramente sentraal. As voorbeeld van hierdie kerktipe identifiseer hy die Nederlands Hervormde Kerk, waarby ons die naam van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika kan voeg. As tweede tipe identifiseer hy die vrye kerk, wat bestaan uit mense wat vrywillig daarby aansluit en as selfstandige kerkgenootskap of denominasie funksioneer. Derdens identifiseer hy 'n charismaties-mistieke kerktipe wat die klem plaas op bekering en wedergeboorte. Newbigin (1953:24-25) identifiseer 'drie kerklike strominge'. Die eerste stroming word gekenmerk deur die suiwer verkondiging van die evangelie en bediening van sakramente (Protestantse kerke); die tweede stroming deur die sakramentele verstaan van die histories-sigbare kerk (Rooms-Katolieke Kerk); en die derde stroming deur die ervaring van die Heilige Gees (kerke in die Pinksterbeweging). Hirsch onderskei tussen drie 'modelle van kerkwees', te wete 'apostolic', 'christendom' en 'emerging-missional' (vgl. Hirsch 2006:64). Die Rooms-Katolieke teoloog, A. Dulles, tipeer histories-vergelykende ekklesiologie as 'n 'systematic reflection on the points of similarity and difference in the ecclesiologies of different denominations' (Dulles 1974:7). Hy vergelyk verskillende modelle van kerkwees, gegrond op die amptelike dokumente van kerke asook geskrifte van teoloë vanuit bepaalde kerke. Kärkkäinen (2002) volg in sy Introduction to Ecclesiology die werkswyse om sewe kerklike tradisies aan die orde te stel (Ortodoks, Rooms-Katoliek, Luthers, Gereformeerd, Pinkster en Vrye Kerk tradisies, met die Ekumeniese Beweging as sewende identifiseerbare tradisie). Hy vervolg deur sewe teoloë, wat as verteenwoordigend van die tradisies beskou kan word, te bespreek. Hy noem sy werkswyse 'a comparative ecclesiology'. Kärkkäinen (2002:15) wys verder daarop dat die werkswyse veral in die ekumeniese wêreld gewild geword het en 'it is a natural way to begin a survey of ecclesiologies (and) to introduce major theological and confessional traditions that have emerged during church history'. In 'n poging om tot groter insig en begrip te kom, word in hierdie bydrae verkies om 'n ander metode te volg. Verskillende kerklike tradisies word ondersoek aan die hand van 'n dominante denksisteem. Die dominante denksisteem is te vind in die begrip 'institusionalisme' of 'institusionalisering van die kerk'. Verskillende kerklike tradisies word bespreek aan die hand van hulle benadering ten opsigte van die 'kerk as instituut'. Die ruimte ontbreek om die saak van institusionalisme as onderskeidende kriterium te motiveer. Dit is reeds voorheen volledig gemotiveer (vgl. Dreyer 2011:47-74). Die begrip 'benadering' ontleen ek aan Beukes (2008:73) wat verwys na 'a Hervormd approach'. Die begrip 'benadering' dui op 'n oorkoepelende en dominante denksisteem (paradigma) wat bepalend inwerk op die makro-, meso-en mikrovlak van kerkwees en bedieningspraktyk. Dit is nie denominasioneel bepaald nie, maar manifesteer in verskillende kerklike tradisies en denominasies. Die verskillende benaderings tot kerkwees word in 'n spesifieke volgorde geplaas. Die onderskeidende kriterium wat aangewend word om die volgorde te bepaal, is die waardering van die kerk as instituut. Daar kan, vanuit 'n histories-vergelykende perspektief, drie benaderings tot kerkwees onderskei word. Institusionele benadering tot kerkwees Ek plaas die eerste benadering tot kerkwees onder die opskrif institusioneel. Die benadering heg groot waarde aan die uiterlike, institusionele vorm van die kerk. Dit word verder gekenmerk deur die instandhouding, bewaring en versterking van bestaande institusionele strukture asook die beskerming van ou, gevestigde rituele en praktyke. 'n Institusionele benadering heg ook baie waarde aan tradisie, geskiedenis en mag. Dit is 'n benadering tot kerkwees wat regoor die wêreld groot invloed uitoefen, omdat meeste kerke die neiging openbaar om bestaande strukture te versterk en uit te bou (Niemandt 2007:37-38). As eerste voorbeeld van 'n institusionele benadering tot kerkwees dien die standpunte wat tydens en na Vaticanum I (1869-1871) deur die Rooms-Katolieke Kerk geformuleer is. Vaticanum I het op grond van enkele tekste in die Bybel (bv. 1 Kor 12; Ef 4; Matt 18) geoordeel dat Jesus nie net die stigter van die kerk is nie, maar dat Hy ook 'n hiërargie met 'n enkelvoudige regeerder (die pous) ingestel het. Daarvolgens is Jesus Christus ook die grondlegger van die kerklike reg en dissipline. Dit impliseer dat die kerk as instituut reeds by Christus begin het (Concilium Vaticanum 1870, sessio IV. Const. Dogm. I De Ecclesia Christi, Mirbt 606. Sien teks in Denzinger 1957:501-502). Vaticanum I het die RKK hiërargies en institusioneel begrond, veral ten opsigte van die onfeilbaarheid van die pous (Kärkkäinen 2002:26). Hierdie gedagte is bevestig met die pouslike ensiklieke van 1897 (Divinum illud munus) en van 1943 (Mystici Corporis). Daarin het Pous Leo XIII verklaar dat Christus die Hoof en die Heilige Gees die Siel van die kerk is (Kärkkäinen 2002:27). Die ensikliek verabsoluteer die kerklike strukture deur te wys op die Goddelike oorsprong daarvan. Hierdie opvatting is voortgesit in Mystici Corporis (vgl. teks in Denzinger 1957:679; Bakhuizen van den Brink 1979:30). Daarin verklaar Pous Pius XII dat die Rooms-Katolieke Kerk (as instituut) en die Kerk van Christus as histories identies beskou moet word. Talle teoloë het die oordrewe institusionalisme van die RKK, soos dit in die begin van die 20ste eeu na vore kom, gekritiseer (Congar 1997:154). Met Vaticanum II het 'n belangrike verskuiwing in die RKK se verstaan van die kerk gekom (vgl. die volledige teks van Vaticanum II in Flannery 1980). Ten spyte van al die positiewe aspekte van Lumen Gentium, was Vaticanum II tog van oortuiging dat die kerk deur Christus se handelinge tot stand gekom het en dat die RKK die sigbare manifestasie daarvan is (Flannery 1980:353). Christus, as Hoof van die kerk, het sy magte aan die apostels en die biskoppe gedelegeer en hulle verantwoordelik gestel vir die kerk. In hoofstuk 3 (Flannery 1980:369e.v.) word die hiërargiese struktuur van die kerk beklemtoon en die onderskeid tussen die amp en die leek gehandhaaf, wat 'n tipiese institusionele benadering tot kerkwees verteenwoordig. Hierdie institusionele benadering tot kerkwees is ook sigbaar in die Ortodokse Kerk. Dié kerk is nog altyd beskou as die beskermer en bewaarder van die oorspronklike en suiwer leer (orthos doxa), soos deur die apostels aan ons oorgelewer. Die kerk beskou haarself as 'ortodoks', tot so 'n mate dat dit die Ortodokse Kerk se naam en onderskeidende identiteit geword het. Die tradisie en leer van die kerk word as onveranderlik beskou (Latourette 1964:567). Wat kerkbegrip betref, beroep die Ortodokse Kerk haarself op die vroeë kerkvaders (Kärkkäinen 2002:17). Die Ortodokse benadering tot die kerk en die teologiese nadenke kan die beste beskryf word met die woord paradosis - wat vertaal word met 'dit wat oorgelewer word'. Oorlewering vind plaas deur die Skrif, besluite van die konsilies, die kerkvaders en die liturgie. Die Ortodokse Kerk beskou haarself as die erfgenaam van 'n ryk tradisie wat onveranderd en suiwer na volgende geslagte deurgegee moet word (Frank 1990:98). Die institusionele benadering tot kerkwees in Ortodokse kringe reflekteer in die opvatting dat die strukture en instellings van die kerk onder leiding van die Heilige Gees tot stand gekom het (en dus onveranderlik is). Deel hiervan is die hiërargiese struktuur en die opvatting dat die biskop deur God aangestel is en God verteenwoordig (Kärkkäinen 2002:22). Die instituut word ook verstaan as 'n teken van - en noodsaaklik vir - die eenheid van die kerk. Die handhawing van bestaande strukture, tradisies en gebruike is ook kenmerkend van die Protestantisme. Talle reformatoriese kerke, veral dié wat histories gesproke as volkskerke, landskerke of staatskerke ontstaan het, het bepaalde tradisies en gebruike wat die afgelope vyf eeue onveranderd gebly het. In die Suid-Afrikaanse konteks het Johan Buitendag, dekaan van die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Pretoria en voormalige voorsitter van die Algemene Kerkvergadering (AKV) van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA), tydens die opening van die 68ste AKV (2007) gewys op die spanning tussen die ongemaklike eis van ecclesia reformata, semper reformanda en die versugting van baie lidmate 'om te bly wat ons nog altyd was' (Buitendag 2008:125). Theuns Dreyer, hoof van die Hervormde Teologiese Kollege, en ook voormalige voorsitter van die Algemene Kerkvergadering van die NHKA, kom op grond van empiriese navorsing tot die gevolgtrekking dat lidmate van die NHKA nie die kerk se identiteit, teologiese etos, spiritualiteit en liturgie wil verander nie omdat dit aan hulle 'n bepaalde geborgenheid en tuiste bied (Dreyer 2003:1060). Hierdie institusionele benadering tot kerkwees is vir baie lidmate en ampsdraers van die NHKA die vanselfsprekende manier om enige kerklike krisis te hanteer. Transformerende benadering tot kerkwees Die tweede benadering tot kerkwees plaas ek onder die opskrif transformerend. Waar 'n institusionele benadering tot kerkwees op die instandhouding en bewaring van bestaande strukture fokus, word in 'n transformerende benadering op die vernuwing van strukture gefokus met die oog op herstel, opbou of rekonstruksie van die kerk. In hierdie benadering tot kerkwees word die kerk as 'n gegewene aanvaar en gerespekteer, maar met die duidelike besef dat die kerk voortdurend moet transformeer. Soos in die geval van 'n institusionele benadering tot kerkwees, is 'n transformerende benadering tot kerkwees regdeur die geskiedenis van die kerk onderskeibaar. Dit word kortliks aangestip. Aan die einde van die derde eeu en begin van die vierde eeu tree die Christelike askese en monastieke ordes na vore. Dit was in reaksie op die verslapping van dissipline in die kerk. Aanvanklik het dit naas die erkende kerk gefunksioneer, maar later binne die kerklike strukture en het by tye 'n belangrike bydrae tot die voortgang van die kerk gelewer. Dit was hoofsaaklik lidmate wat daaraan deelgeneem het en nie die ampsdraers van die kerk nie. Dit het veral op die herstel van egte toewyding, geloof en gehoorsaamheid gefokus (Latourette 1964:221e.v.). Gedurende die Middeleeue was daar dikwels hervormings-bewegings. Een van die bekende hervormingsbewegings was die hervorming wat in die 10de eeu in die kloosters te Cluny aan die gang gekom het. Teen die 12de eeu het meer as tweeduisend kloosters in die gebied gestreef na groter dissipline, vroomheid en diensbaarheid aan kerk en gemeenskap. Dit was ook die impuls vir die meer omvattende hervormingsbeweging in die Rooms-Katolieke Kerk wat in die 11de eeu onder leiding van pous Gregorius VII (afkomstig van Cluny) plaasgevind het (De Bruin 1965:58-59). Die monastieke ordes het sedert die 14de eeu begin verval, wat weer tot verdere pogings tot transformasie gelei het en die vestiging van nuwe ordes. Teen 1414, met die Konsilie van Konstanz, was daar deur die hele Europa aandrang op hervorming van die Rooms-Katolieke Kerk wat op daardie stadium drie pouse gehad het. Die hervormingsbeweging het tot niks gekom nie, omdat die Konsilie erg verdeeld was (Latourette 1964:630). Teen hierdie agtergrond moet die optrede en werk van vroeë kerkhervormers verstaan word, soos Johannes Hus wat tydens die Konsilie van Konstanz veroordeel is. Die aandrang op transformasie van die kerk is ook sigbaar in die denke van die Italiaanse en Engelse mistici, John Wycliffe, die Gebroeders des Gemeenen Levens, Wessel Gansvoort, Thomas à Kempis, die Boheemse Gebroeders, Girolamo Savonarola en vele ander. Die tydperk van 1350 tot 1500 word gekenmerk deur 'n konstante stryd tussen diegene wat die kerk wou transformeer en diegene wat die bestaande instituut en tradisies onverkort wou handhaaf (Latourette 1964:675). Hierdie vroeë pogings tot transformasie is gekenmerk deur die klem wat op die Skrif en prediking geplaas is, asook 'n toegewyde geloofslewe in navolging van Christus. 'n Klassieke voorbeeld van 'n transformerende benadering tot kerkwees is die Kerkhervorming in die 16de eeu. Luther, Zwingli en Calvyn se aanvanklike bedoeling was nie om 'n nuwe kerk te stig nie, maar eerder die bestaande kerk volgens Skriftuurlike beginsels te transformeer (Latourette 1964:701; Kärkkäinen 2002:50). Dit was eers nadat die Regensburg Colloquium (1541) misluk het, dat die reformatore besef het dat die breuk met Rome finaal was. 'n Transformerende benadering tot kerkwees word ook sigbaar in die spreuk ecclesia reformata, semper reformanda. Die hervormingsbeweging van die 16de eeu het egter spoedig in vaste strukture gestol, veral onder invloed van die gereformeerde ortodoksie, die noue verbintenis tussen kerk en staat (volkskerk/staatskerk/landskerke) en die voortsetting van die corpus christianum. Deur die loop van die 20ste eeu het 'n transformerende benadering tot kerkwees ook in dokumente van die internasionale ekumeniese bewegings sigbaar geword, bv. Nature and Purpose of the Church (Faith & Order 1998) en die opvolg dokument Nature and Mission of the Church (Faith & Order 2005). 'n Transformerende benadering tot kerkwees het ook sigbaar geword in die wêreldwye opkoms van 'n vak soos Gemeentebou. Malan Nel, een van die leidinggewende figure op die terrein van Gemeentebou in Suid-Afrika, meen dat vernuwing in die kerk noodsaaklik is. Vernuwing is God se werk en God se wil (Nel 1994:15). Hy kwalifiseer vernuwing as vernuwing wat berus op die Woord van God, op die onderskeiding van die gemeente se identiteit in Christus en hulle roeping in die wêreld. In kort: Die gemeente moet transformeer om te word wat dit reeds in Christus is ... Die kloof tussen die kerk as gedefinieerde subjek en empiriese subjek moet vernou word (Nel 1994:13). In Praktiese Ekklesiologie is 'n transformerende benadering tot kerkwees ook van belang. Heitink (2007:331) bepleit in sy Praktiese Ekklesiologie die transformasie en vernuwing van die kerk. Met transformasie bedoel hy 'een radicaal veranderingsproses'. Dit gaan om 'n gedaanteverwisseling, om 'n 'metamorphosis' (2 Kor 3:18). Vir Heitink (2007:25) gaan dit om meer as Gemeentebou; dit gaan eerder om ekklesiologie as kerkopbou. Wat Heitink duidelik insien, is dat dit ten diepste om ons verstaan van kerkwees gaan. Programme, empiriese ondersoeke, veranderingsbestuur, sisteem-analise en leierskapsontwikkeling sal nie die verval van die kerk stuit as daar nie vernuwend oor kerkwees gedink word nie. Enige proses van transformerende kerkopbou moet by 'n grondige ekklesiologie begin. Vanuit hierdie histories-vergelykende oorsig word dit duidelik dat teoloë wat 'n transformerende benadering tot kerkwees handhaaf, twee sake in gemeen het: (1) die kerk is belangrik en moet opgebou word en (2) dit is noodsaaklik dat die kerk voortdurend transformeer, vernuwe, hervorm en verander. Nie-institusionele benadering tot kerkwees 'n Derde benadering tot kerkwees plaas ek onder die opskrif nie-institusioneel. Hierdie benadering tot kerkwees se uitstaande kenmerk is 'n negatiewe beoordeling van tradisionele, institusionele vorme van kerkwees. Daar word teruggegryp na Jesus en die vroegste, primitiewe Christelike kerk as die outentieke vorm van kerkwees. As gevolg van hierdie benadering word daagliks nuwe Christelike geloofsgemeenskappe gevestig wat op 'n informele wyse versamel en funksioneer. Hirsch (2006:64) onderskei tussen drie 'modes' (of modelle) van kerkwees, te wete 'apostolic', 'christendom' en 'emerging-missional'. Die laaste twee is wat ek beskryf as institusioneel en post-institusioneel. Sy tipering van 'n 'emerging-missional mode' is 'n goeie samevatting van 'n post-institusionele benadering tot kerkwees. Dit kan met mekaar vergelyk word soos uiteengesit in Tabel 1. Hirsch (2006:65) legitimeer sy nie-institusionele benadering tot kerkwees deur aan te toon dat dit grootliks ooreenstem met kerkwees in die tyd van die Nuwe Testament. Daarmee ontken hy nie die legitimiteit van bestaande kerke nie, maar beklemtoon dat 'n institusionele benadering tot kerkwees gedateer, oneffektief en 'outmoded' is. Hy wil dus nie anti-institusioneel wees nie, maar beskou sy benadering as 'n 'holy rebellion'. Daarteenoor is Viola en Barna (2008) radikaal afwysend ten opsigte van 'n institusionele benadering tot kerkwees. Viola se benadering word duidelik wanneer hy skryf: Not long after I left the institutional church to begin gathering with Christians in an organic way, I sought to understand how the Christian church ended up in its present state. (Viola & Barna 2008:xiii) So we would argue that on theological grounds, historical grounds, and pragmatic grounds, the New Testament vision of church represents the dream of God ... the beloved community that He intends to create and re-create in every chapter of the human story. (Viola & Barna 2008:xix) Viola en Barna (2008) gaan dan verder om 'organic church' te tipeer as: A church that is born out of spiritual life instead of constructed by human institutions and held together by religious programmes. Organic churches are characterized by Spirit-led, open-participatory meetings and non-hierarchical leadership. (Viola & Barna 2008: xix) Viola en Barna se standpunt ten opsigte van 'n institusionele vorm van kerkwees word finaal duidelik wanneer hulle skryf: 'We are also making an outrageous proposal: that the church in its contemporary, institutional form has neither a biblical nor historical right to function as it does' (Viola & Barna 2008:xx). Hulle toon aan hoe kerke se gebruike en tradisies ten opsigte van kerkgeboue, kleredrag, eredienste, prediking, offergawes en ampte van die Nuwe Testament verskil. Hirsch (2006:65) meen dat die 'missional' en 'emerging' benadering tot kerkwees veral die laaste tien jaar na vore getree het. In die kerkgeskiedenis is 'n nie-institusionele benadering tot kerkwees egter nie onbekend nie. Verskeie voorbeelde daarvan kan genoem word, soos byvoorbeeld die Anabaptiste Beweging in die 16de eeu; die Morawiese Beweging (Graaf von Zinzendorf) en Evangeliese Beweging (John Wesley) in die 18de eeu; die Mukyokai Beweging in Japan (o.l.v. Kanzo Uchimura) in die 19de eeu asook die Shepherding Beweging in die 20ste eeu (vgl. Kärkkäinen 2002:163e.v.). In onlangse literatuur (Hirsch 2006; Viola & Barna 2008; Niemandt 2007; Ward 2002; De Groot 2007) word verskillende byvoeglike naamwoorde gebruik om 'n nie-institusionele benadering tot kerkwees te beskryf. Die vier bekendste van die begrippe is die volgende: - Organiese kerkwees ('Organic church') - Ontluikende kerkwees ('Emerging church') - Vloeibare kerkwees ('Liquid church') - Missionale kerkwees ('Missional church') Organies word ontleen aan die biologiese wetenskappe. 'n Organisme is 'n lewende eenheid wat asemhaal en voortplant. Dit is deel van 'n ekosisteem, kan evolusionêr ontwikkel en voortdurend aanpas by nuwe omstandighede. Die term 'organisme' is veral deur Abraham Kuyper (18371920) bepleit (Trimp 1990:188e.v.). Hy het tussen die kerk as 'organisme' en 'instituut' onderskei. Die gedagte word in sy Dictaten Dogmatiek: Locus De Ecclesia (Kuyper 1910) herhaal. Kuyper verstaan die term 'organisme' as 'n lewende eenheid wat groei vanuit 'n 'inwendige lewenskiem' (Trimp 1990:189). Samehangende terminologie wat Kuyper benut, is woorde soos groei, ontwikkeling, vryheid, lewensbeginsel, veelheid van vorme, skeiding van kerk en staat, onsigbare kerk, liggaam van Christus. Dit berus op Kuyper se oortuiging dat God die mensheid as 'n lewende organisme geskep het en dat die kerk, as nuwe en geredde mensheid, die voortsetting van die lewende organisme is. Hierdie lewende organisme word sigbaar in die wêreld deur die lewe en optrede van gelowige, wedergebore mense. Met verwysing na Efesiërs 4, Romeine 12 en 1 Korintiërs 12 bespreek Kuyper die kerk as lewende organisme en wys hy daarop dat die geskiedenis aantoon dat wanneer die kerk nie meer as organisme funksioneer nie, dit verval en toenemend as instituut funksioneer (Kuyper 1910:26-27). Die waardevolle insig wat Kuyper bied, is dat hoe meer die kerk as instituut funksioneer, hoe minder beleef die kerk (lidmate) die organiese eenheid met Christus. Daarmee verloor die kerk sy lewenskragtigheid. Kuyper het ook die selfstandigheid en belangrikheid van die plaaslike gemeente beklemtoon. Hierin volg hy nie net die gedagtes van die reformatore, dat die kerk sigbaar word waar die volk van God rondom die Woord en sakrament vergader nie, maar ook Schleiermacher (1768-1834) wat groot waarde geheg het aan die vrye kerk, gebaseer op die algemene priesterskap van die gelowige. Daarmee het Schleiermacher die aandag van die instituut na die gelowige individu verskuif (Heitink 2007:35). Ontluikend verwys na plante wat uit sade voortkom, ontluik, groei en weer sade versprei sodat nuwe plante kan ontluik. Nelus Niemandt het die gedagte van 'emergent churches' of ontluikende kerke gedefinieer as 'n beweging wat gevoed word vanuit verskillende kerklike tradisies, wat innoverend en nuut kyk na kerkwees (Niemandt 2007:55). Dit neem organies gestalte aan en groei tot iets nuuts. Niemandt beskou ontluikende kerkwees as 'n prototipe vir kerkwees in die 21ste eeu. Aan die hand van Eddie Gibbs en Ryan Bolger van die Fuller Theological Seminary se analise, identifiseer hy nege geloofspraktyke wat tiperend van ontluikende kerkwees is (Niemandt 2007:61e.v.): - Identifiseer met die lewe van Jesus Christus en die koninkryk van God - Transformeer die sekulêre lewe - Beklemtoon kerklike gemeenskap - Openheid teenoor vreemdelinge - Diensbaarheid sonder bymotiewe - Deelname deur gemeentelede - Kreatiwiteit - Leierskap deur netwerke - Antieke geloofswaarhede in 'n byderwetse kleed Vloeibaar het te doen met water (riviere) wat vloei en beweeg, wat lewe bring en nie stagneer nie. 'Liquid church' is deel van 'n groter verskynsel wat Bauman 'liquid modernity' noem (Bauman 2000; Ward 2002:16; De Groot 2007:240e.v.). Die huidige fase van modernisering word gekenmerk deur 'n vloeibare samelewing waarin vaste vorme en strukture stelselmatig verdwyn. In vloeibare moderniteit is netwerke belangrik (De Groot 2007:256). Soliede moderniteit het 'n soliede kerk (institusionele kerk) tot gevolg gehad (Ward 2002:17e.v.). Soliede kerk word gekenmerk deur vaste strukture en eenvormigheid in terme van die erediens en bediening. Groot gemeentes is belangrik. Vergaderings, komitees en programme is van groot belang. Die kerk neem 'n historiese karakter aan. Dit bied herberg aan mense, waar hulle veilig kan wees en versorg kan word. Vloeibare moderniteit (volgens Ward) verg 'n vloeibare kerk. Hy definieer dit soos volg: If we are to envisage a liquid church, then movement and change must be a part of its basic characteristic. We need to let go of a static model of church that is based primarily on congregation and buildings. In its place we need to develop a notion of Christian community, worship, mission and organization that is more flexible and responsive to change. The idea of flow is central in this shift in emphasis. (Ward 2002:41) Ward (2002:41-43) voorsien dat 'n vloeibare benadering tot kerkwees op die konsep van netwerke sal berus. Netwerke kan beskryf word as 'n vervlegting van sosiale eenhede wat op verskillende plekke aan mekaar vasknoop. Kommunikasie is fundamenteel belangrik vir netwerke. Ook die kerk kan beskou word as 'n netwerk. Daarom is daar talle teoloë wat die standpunt inneem dat die kerk moet loskom van gemeentelike strukture. Christene moet volgens die opvatting in netwerke en groepe versamel wat losweg verbind is, diakonaal en missionaal in die wêreld diensbaar word en insidenteel saamkom vir lering, gebed en viering (De Groot 2007:257). Missionaal fokus op die roeping van die kerk om die evangelie uit te dra. In hierdie benadering word die apostolaat nie as 'n funksie van die kerk gesien nie, maar word die kerk gesien as wesenlik missionaal en die produk van die missio Dei. Die term 'missional' is onder andere deur Alan Hirsch ontwikkel (vgl. Frost & Hirsch 2003:17). Hy beskou missionale kerkwees as die hoop vir kerkwees in 'n post-christelike era. Die kern van missionale kerkwees is te vind in die inkarnasie van die kerk (Frost & Hirsch 2003:33). Die kerk moet as liggaam van Christus in die wêreld gestalte aanneem. Die kerk moet die beeld van Christus vertoon. Talle teoloë het na die Tweede Wêreldoorlog beklemtoon dat die kerk wesenlik missionaal is. Die apostolaat is nie net een van die take wat 'n kerk of gemeente verrig nie, maar is self die resultaat van die missio Dei. Dit was veral Vaticanum II en die Ekumeniese Beweging, asook teoloë soos Karl Barth, Lesslie Newbigin en David Bosch (Bosch 1991; Kärkkäinen 2002:151) wat die perspektief geopen het. Sending is nie 'n taak wat die kerk uitvoer nie; die kerk is in sy wese missionaal. Missionale kerkwees berus op 'n missionale ekklesiologie. Een van die beste definisies van missionale ekklesiologie, is deur Paul Hooker (2008) geformuleer: Missional ecclesiology demands more of the church than deciding which community service projects to undertake or setting congregational priorities for the coming year. Missional ecclesiology is a way of understanding the church. It begins with the Missio Dei - God's own 'self-sending' in Christ by the Spirit to redeem and transform creation. In a missional ecclesiology, the Church is not a building or an institution but a community of witness, called into being and equipped by God, and sent into the world to testify to and participate in Christ's work. The Church does not have missions; instead, the mission of God creates the Church. The Church serves God's call to mission through its work in three broadly defined categories: the proclamation of the Word of God, the administration of the sacraments of Baptism and the Lord's Supper, and the nurture of the covenant community of disciples. It undertakes this mission without regard for its own agenda or survival. (Hooker 2008:1-2) Gevolgtrekking Die kerk het deur die eeue verskillende gestaltes aangeneem. Wanneer hierdie gestaltes van kerkwees in hulle konteks bestudeer word, krities vergelyk word en veral kennis geneem word van bepaalde aanpassings en transformasie, dra dit by tot ons vermoë om in die 21ste eeu gestalte te gee aan toepaslike en relevante vorme van kerkwees. Die beroemde sistematiese teoloog, Hans Küng (1976), het dit soos volg geformuleer: Every age has its own image of the Church, arising out of a particular historical situation; in every age a particular view of the Church is expressed by the Church in practice, and given conceptual form, post hoc or ante hoc, by theologians of the age . the constant factor in the history of the Church and of its understanding of itself is only revealed in change; its identity exists only in constantly changing historical 'forms'. If we want to discover this original and permanent 'essence', given that it is something dynamic rather than something static and rigid, we must look at the constantly changing historical 'forms' of the Church. (Küng 1976:4) Teen dié agtergrond meen ek dat 'n histories-vergelykende ekklesiologie en historiese perspektief van groot waarde vir Praktiese ekklesiologie kan wees. Uiteraard kan 'n histories-vergelykende ekklesiologie op verskillende maniere en vanuit verskillende invalshoeke benader word. 'n Histories-vergelykende ekklesiologie is immers nie 'n kliniese oefening waarin die kerk geobjektiveer word nie. In hierdie bydrae is die metode van Kärkkäinen nie gevolg nie, naamlik om verskillende kerklike tradisies met mekaar te vergelyk. Daar is gepoog om aan die hand van Dulles en Kúng se metode te kyk na punte van verskil en ooreenstemming. In so 'n metode kan die waarde van verskillende benaderings tot kerkwees en kerkbegrip erken word en kan die eie partikuliere benadering na waarde beoordeel word. Ten slotte kan gestel word dat 'n histories-vergelykende ekklesiologie van waarde is vir Praktiese Ekklesiologie, vir teologiese opleiding in die algemeen en vir die debat oor kerkwees in die 21ste eeu. Daarsonder is dit baie moeilik om toepaslike vorme van kerkwees en bedieningspraktyk te ontwikkel. Erkenning Mededingende belange Die outeur verklaar dat hy geen finansiële of persoonlike verbintenis het met enige party wat hom nadelig kon beïnvloed in die skryf van hierdie artikel. Literatuurverwysings Bakhuizen van den Brink, J.N., 1979, Handboek der Kerkgeschiedenis Deel I, De Tille BV, Leeuwarden. [ Links ] Bauman, Z., 2000, Liquid modernity, Polity, Cambridge. [ Links ] Beukes, J., 2008, 'Voices carry: An archaeology of the Hervormd approach', HTS Teologiese Studies/Theological Studies 64(1), 73-109. [ Links ] Bosch, D.J., 1991, Transforming Mission, 22nd edn., Orbis Books, New York, NY. [ Links ] Buitendag, J., 2008, 'Ecclesia reformata semper reformanda - die ongemaklike eis', HTS Teologiese Studies/Theological Studies 64(1), 122-138. [ Links ] Congar, Y., 1997, I believe in the Holy Spirit, Crossroad Herder, New York, NY. [ Links ] De Bruin, G.C., 1965, Handboek der kerkgeschiedenis, Deel II, Bert Bakker/Daamen D.V., Den Haag. [ Links ] De Groot, K., 2007, 'Fluïde vormen van kerk-zijn', in R. Brouwer et al. (reds.), Levend Lichaam: Dynamiek van christelijke geloofsgemeenschappen in Nederlan, pp. 240-279, Uitgeverij Kok, Kampen. [ Links ] Dekker, G., 2003, 'Achter het organisatieprincipe schuilt een kerkvisie', Praktische Theologie 0(2), 166-175. [ Links ] Denzinger, H. & Rahner, K., 1957, Enchiridion Symbolorum Editionem 31, Herder, Barcinone-Friburgi-Romae. [ Links ] Dreyer, T.F.J., 2003, 'Statistieke vertel 'n storie - 'n Visie vir die Hervormde Kerk op pad na 2010', HTS Teologiese Studies/Theological Studies 59(4), 1045-1062. [ Links ] Dreyer, W.A., 2011, 'Praktiese Ekklesiologie en bedieningspraktyk met verwysing na die Ned. Hervormde Kerk van Afrika', ongepubliseerde PhD-proefskrif, Fakulteit Teologie, Universiteit van Pretoria. [ Links ] Dulles, A., 1974, Models of the Church, Doubleday, Garden City, NY. [ Links ] Faith & Order, 1998, The nature and purpose of the church, WCC, Geneva. [ Links ] Faith & Order, 2005, The nature and mission of the church, WCC, Geneva. [ Links ] Flannery, A., 1980, Vatican Council II: The Concillar and Post Concillar Documents, Liturgical Press, Collegeville, PA. [ Links ] Frank, G.C., 1991, 'The Eastern Christian tradition', in G.J. Pillay & J.W. Hofmeyr (ed.), Perspectives on Church History, pp. 96-108, De Jager-HAUM Publishers, Pretoria. [ Links ] Frost, M. & Hirsch, A., 2003, The shaping of things to come: Innovation and mission for the 21st century Church, Hendrickson, Peabody MA. [ Links ] Heitink, G., 2007, Een kerk met karakter - Tijd voor heroriëntatie, Uitgeverij Kok, Kampen. [ Links ] Hirsch, A., 2006, The forgotten ways: Reactivating the missionalchurch, Brazos, Grand Rapids, MI. [ Links ] Hooker, P., 2008, Missional Ecclesiology, viewed 15 February 2011, from http://www. negapby.org/missionalecc.pdf. [ Links ] Kärkkäinen, V.M., 2003, An introduction to ecclesiology: Ecumenical, historical and global perspectives, InterVarsity Press, Downers Grove, IL. [ Links ] Koffeman, L.J., 2009, Het goed recht van de kerk: Een theologische inleiding op het kerkrecht, Uitgeverij Kok, Kampen. [ Links ] Küng, H., 1976, The Church, 6th edn., transl. R. & R. Ockenden, Search Press, London. [ Links ] Kuyper, A., 1910, Dictaten Dogmatiek, Kok, Kampen. [ Links ] Latourette, K.S., 1964, A History of Christianity, Eyre and Spottiswoode Ltd., London. [ Links ] McGrath, A.E., 2001, Christian theology - An introduction, Blackwell Publishing, Malden, MA. [ Links ] Nel, M., 1994, Gemeentebou, Orion Uitgewers, Johannesburg. [ Links ] Newbigin, L., 1953, The household of God: Lectures on the nature of the Church, SCM Press, London. [ Links ] NHKA, 2006, Kommissie van die AKV, Identiteit en relevansie van die kerk in die 21ste eeu, Memorandum opgestel deur die Kommissie vir bespreking tydens die Nasionale Colloquium, 2006, NHKA Kerkargief, Pretoria. [ Links ] Niemandt, N., 2007, Nuwe drome in nuwe werklikhede: Geloofsgemeenskappe in pas met 'n postmoderne wêreld, Lux Verbi BM., Wellington. [ Links ] Trimp, C., 1990, 'De kerk bij A. Kuyper en K. Schilder', in W. van't Spijker et al. (reds.), De Kerk: Wezen, weg en werk van die kerk naar reformatorisch opvatting, Uitgeverij De Groot Goudriaan, Kampen. [ Links ] Viola, F. & Barna, G., 2008, Pagan Christianity? Exploring the roots of our church practises, House Publishers Inc., Tyndale. [ Links ] Ward, P., 2002, Liquid Church, Paternoster Press, Carlisle. [ Links ] Correspondence to: Wim Dreyer 19 Elephant Street, Monument Park Pretoria 0001, South Africa Email: firstname.lastname@example.org Received: 10 May 2011 Accepted: 01 Aug. 2011 Published: 04 Nov. 2011 © 2011. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License. Note: Address delivered at the opening of the Reformed Theological College (University of Pretoria) on 16 February 2011. The article is also submitted to conform to the requirements of the degree PhD (Practical Theology) completed under the supervision of Prof. T. F.J. Dreyer in 2011. Hereby, I also pay tribute and express thanks to him at the time of his superranuation.
<urn:uuid:93b0856e-5c17-4ba3-bef1-4f4f6d01bfeb>
CC-MAIN-2019-30
http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0259-94222011000300018&lng=en&nrm=iso&tlng=af
2019-07-15T17:58:02Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195523840.34/warc/CC-MAIN-20190715175205-20190715201205-00375.warc.gz
by
3.0
a_tag
false
false
{ "abbr": [ "by", "by" ], "in_footer": [ false, false ], "in_head": [ false, false ], "location": [ "a_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998723
false
Koring Koring is een van die vernaamste grane waarmee die mensdom homself voed, oorspronklik vanuit die Levantgebied in die Midde-Ooste en die Ethiopiese hooglande, maar wat nou dwarsoor die wêreld verbou word. In 2007 was dit met 607 miljoen ton die derde mees produseerde graan naas mielies (784 miljoen ton) en rys (651 miljoen ton).[1] In 2009 was wêreldproduksie van koring 682 miljoen ton, wat dit die tweede mees produseerde graan maak naas mielies (817 miljoen ton) en met rys 'n knap derde plek (679 miljoen ton).[2] Koring | |||||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Koring | |||||||||||||| Wetenskaplike klassifikasie | |||||||||||||| Verspreiding Inhoud OorsprongWysig Koring is ook een van die oudste gedomestikeerde plante. Die temming van koring vind waarskynlik reeds ongeveer 10 000 jaar gelede plaas in die Midde-Ooste en Noord-Afrika, van Sirië tot Kasjmir en na die suide tot in Ethiopië. Teen ongeveer 5 000 jaar gelede het koringverbouing ook die grootste deel van Europa bereik.[3] 'n Millenium later het die Chinese met die gewas kennis gemaak.[3] Met die koms van seevaart, het koring na die Nuwe Wêreld en die Suidelike Halfrond versprei. VerbouingWysig Koring is 'n eenjarige gewas. Vir eeue heen word daar al teling gedoen om beter koringkultivars te probeer skep. Daar is byvoorbeeld winterkoring wat in die herfs geplant word en veral geskik is vir broodmeel, en lentekoring wat vir sagte gebak soos koek gebruik word.[3] In die 20ste eeu is 'n buitengewone Japannese kultivar gebruik om korter, meer windbestande plante te teel. [3] Die saad kom voor in die vorm van are, en ongeag die soort, dra die meeste koringare van dertig tot vyftig korrels. [4] Koring word op ploeglande gesaai en deur groot stropers geoes wat die koringare afsny en die koringkorrels van die res van die plant skei. Die oorblyfsels van die gedorste graan word kaf genoem. Koring behoort tot die grasfamilie (Poaceae, vroeër bekend as Gramineae), wat meer as 660 genera en 10 000 spesies insluit. Sowat 170 genera van hierdie familie kom in Suid-Afrika voor. Die genus Triticum, die belangrikste graansoort ter wêreld, kom waarskynlik oorspronklik van Mesopotamië (die huidige Irak). Die belangrikste spesies is Triticum vulgare, Triticum durum, Triticum turgidum en Triticum polonicum. Triticum vulgare (broodkoring) is die spesie wat die meeste in Suid-Afrika verbou word. Koring is 'n kruidagtige eenjaarplant wat korrelagtige sade voortbring nadat die wit blomme bevrug is. Hoewel koring by uitstek ʼn wintergewas is, word sogenaamde lente- en somerkoring ook as variëteite aangetref. Met die volksplanting in 1652 is koring vir die eerste keer aan die suidpunt van Afrika gesaai en vandag is koring een van Suid-Afrika se belangrikste landbouprodukte. Suid-Afrika produseer jaarliks tussen 1,5 en 2,5 miljoen ton koring. Die Koringraad oefen beheer uit oor die produksie van koring in Suid-Afrika en stel die pryse van koring, brood en meel vas. Die Regering subsidieer die prys van broodmeel om die broodprys so laag moontlik te hou aangesien brood een van Suid-Afrika se stapelvoedselsoorte is. GeskiedenisWysig Koring speel reeds sedert die volksplanting in 1652 'n belangrike rol in die geskiedenis van Suid-Afrika. Een van Jan van Riebeeck se opdragte was om vars produkte aan verbygaande skepe te verskaf. Die eerste paar koringoeste het egter misluk vanweë verspoelings in die Kompanjiestuin en sterk suidoostewinde. Vier jaar later het Van Riebeeck koring wat die eerste geslaagde koringoes sou lewer, teen die hange van Tafelberg laat saai waar Rondebosch vandag is. Die eerste meulenaar, Wouter Mostert, het sy eie meul langs die Varsrivier opgerig. Dit het egter byna 60 jaar geduur voordat die Kaapse nedersetting geheel en al selfonderhoudend was en terselfdertyd verbyvarende skepe van vars produkte kon voorsien. Die koringverbouing het 'n sukkelbestaan gevoer vanweë droogtes en verskeie insekteplae, terwyl wanbestuur en korrupsie dikwels aan die orde van die dag was. Mettertyd het die oeste egter beter en bestendiger geword. Die koringstreke het met verloop van tyd uitgebrei na die Swartland, Noordoos-Kaapland, die Oos- Vrystaat en Transvaal. Koring is egter nooit in Natal verbou nie omdat die klimaat nie gunstig is nie. Die regering het koringverbouing deurentyd aangemoedig maar die gehalte en opbrengs het van jaar tot jaar gewissel. Die koringprys was ook baie wisselvallig en in 'n poging om die boere te help, het die regering in 1935 'n beheerliggaam, die Koringraad, tot stand gebring. Die KoringraadWysig Die Koringraad is in 1935 gestig en was een van die eerste beheerliggame vir landbouprodukte in Suid-Afrika. Die raad het volle bevoegdheid om beheer uit te oefen oor die aankoop en verkoop van koring, asook oor die maal- en bakkersbedryf die beginsel van vraag en aanbod moet streng toegepas word en die raad moet die koringboer adviseer ten opsigte van onder meer die beste variëteite vir ʼn bepaalde streek. In die laboratoria word brood voortdurend aan streng toetse onderwerp om te verseker dat die gehalte by bakkerye nie verswak nie. In oorleg met die Minister van Landbou en Visserye stel die raad elke jaar die prys van die koring vas. Baie faktore is betrokke by die bepaling van die prys onder meer, vraag en aanbod, en die prys van kunsmis, brandstof, ensovoorts. ‘n Ander plig van die raad is die vasstelling van die brood- en die meelprys. Die raad verkoop op sy beurt die koring teen 'n vasgestelde prys aan die meulenaar en in die handel. Die Koringraad is ook verantwoordelik vir die regulering van koringin - en uitvoere en is lid van die Internasionale Koringraad. ('n Internasionale Koringooreenkoms het in 1949 tot stand gekom.) In die vroeë sestigerjare moes Suid-Afrika nog koring invoer. Maar rekordoeste het die stand van sake sodanig verander dat die land selfversorgend geword het. Die Koringraad bestaan uit 13 lede wat die produsent, die meulenaar, die bakker en die verbruiker verteenwoordig. Daar is ook afdelings wat tegniese en gespesialiseerde dienste lewer. VerbouingWysig Koring. die belangrikste graansoort ter wêreld. behoort tot die grasfamilie (Poaceae) en die genus Triticum. Daar is verskeie spesies. waarvan die volgende die bekendste in Suid-Afrika is: Triticum vulgare (broodkoring). T. durum (harde- of durumkoring), T. Compactum (knopkoring), T. polonicum (Iangof Poorse koring) en T. Turgidum (kort- of Turgidumkoring). T. vulgare is die spesie wat die meeste in Suid-Afrika verbou word. Hoewel die ander drie spesies tog verbou word, is hulle nie van so ʼn goeie gehalte nie. Heelparty variëteite word ook aangetref. Groei en bouWysig Koring is ‘n kruidagtige plant met enkelvoudige, lynvormige blare wat afwisselend om die stam gerangskik is. Die bloeiwyse is aarvormig, terwyl die eenheid van die bloeiwyse 'n blompakkie is wat uit 'n aantal blommetjies bestaan. Die blomme is op die aartjies saamgegroepeer en van die blomme word bevrug en bring graankorrels voort. Triticum vulgare word hoofsaaklik gebruik am broodmeel van te maat. Die aar kan dig of los wees en word uitgeken aan die voorkant, wat effens breed en plat is. Die ragis (hoofstam) van die aar breek nie in stukkies wanneer die koring gedors word nie. Die korrels van Triticum vulgare wissel van hard tot sag, terwyl die kiem stomp en plat is. Klimaat en grondWysig Aangesien koring eintlik 'n wintergewas is, aard dit die beste in streke met koue winters, dit wil sê streke met 'n nat groeiseisoen en 'n droë, sonnige oesseisoen. Die meeste koring word in die herfs gesaai, hoewel verskeie variëteite in die lente gesaai word in gebiede waar die winters te koud is. Die koring staan bekend as lentekoring. Suidwes-Kaapland met sy Mediterreense klimaat staan bekend as Suid-Afrika se graanskuur. Die belangrikste koringdistrikte is Malmesbury, Moorreesburg, Piketberg, Hopefield, Caledon en Bredasdorp. Hoewel die reënval van jaar tot jaar wissel, is dit die enigste streek met 'n gereelde winterreënval. Oestyd is gewoonlik van Oktober tot Desember. In die Oos-Vrystaat word koring in die distrikte Ladybrand, Reitz, Heilbron, Ficksburg, Frankfort en Bethlehem verbou. Die klimaat van Noordoos-Kaapland stem baie ooreen met die van die Oos-Vrystaat en koringverbouing is in hierdie streek 'n riskante onderneming. In Noordwes-Kaapland word koring ook onder besproeiing verbou. Triticum durum word gebruik vir die maak van pasta. Die are is breed, plat en dig en het 'n sterk baard. Die korrels is redelik hard en ellipties. Triticum turgidum lyk baie soos Triticum durum en die are is kort en dig. In Gauteng word koring hoofsaaklik onder besproeiing in die winter verbou. Hael rig egter dikwels skade aan wanneer die koring nog nie geoes is nie. Koring het vrugbare, sanderige grond met 'n goeie leemgehalte nodig. Die grand moet goed gedreineer wees maar moet nie brak wees nie, en dit moet genoeg fosfaat, Triticum compactum stem baie potas en stikstof bevat. ooreen met Triticum vulgare en word hoofsaaklik gebruik om banketmeelblom van te maat. Die aar is baie kort en dig en so ook die korrels, wat knopagtig lyk. SaadWysig Die boer moet altyd sorg dat hy goeie, vars saad gebruik. Dit moet 'n suiwer variëteit wees sodat 'n goeie opbrengs verseker is. en die saad moet ook onbeskadig en siektevry wees. Voorbereiding van die grondWysig Koring is 'n wisselbougewas wat bale humus verbruik en die grond dus uitput. Die grond moet dan op die een of ander manier herstel word. Lupien en lusern kan as wisselbougewasse geplant word aangesien dit die gehalte van die grond verbeter. Lupien kan op verskeie maniere gebruik word am die saaigrond te herstel, maar meningsverskil bestaan oor watter metode die beste is. Die belangrikste metodes is die driejaar- en die vierjaarsiklusse. Met die driejaarsiklus word lupien in die eerste jaar geplant, in die tweede jaar word daar op die land gewei en in die derde jaar word koring op die braakland gesaai. Met die vierjaarsiklus word koring elke tweede jaar gesaai. Die vyfjaarwisselboustelsel is meer intensief en koring word dan in die tweede en die vyfde jaar gesaai. Die wisselboustelsel wissel ook van streek tot streek. By die Vaalharts-besproeiingskema is daar byvoorbeeld min boere wat 'n vaste wisselboustelsel toepas, terwyl boere in Gauteng 'n stelsel gebruik waarin koring, tabak, sunhennep en braaklande gebruik word. Lusern kan die gehalte van die grond baie verbeter en herstel en tot 'n twaalfjaarwisselboustelsel kan toegepas word. Dit sien dan soos volg daaruit: lusern (4 jaar), koring, braakland, hawer, braakland, koring, braakland, hawer, braakland. Behalwe as die koring op lusern of lupien volg, word dit op 'n braakland gesaai. Die doel van 'n braakland is om winteronkruide te dood, die grond te deurlug en te sorg dat die grond die maksimum reën absorbeer. Wanneer die grond gebraak word, lê dit vir 'n bepaalde tyd sonder dat daar iets in gesaai word. Dit geskied gewoonlik tussen Junie en Augustus. Die grand kan egter ook later in die jaar gebraak word. Die grond moet ook bemes word, maar bemesting verskil van streek tot streek omdat die klimaat, grondvrugbaarheid en die wisselboustelsel 'n rol speel. SaaitydWysig Die algemene saaityd vir koring is in die herfs, dit wil se tussen April en Junie. Om die beste resultate te verkry, word bepaalde tye gekies, wat van streek tot streek verskil. In Suidwes-Kaapland is die saaityd normaalweg in die eerste drie weke van Mei, terwyl daar in die Vrystaat van April tot November (somerkoring) gesaai kan word. In Gauteng is die beste saaityd teen die middel van Mei. Winterkoring word van April tot Junie gesaai, lentekoring in Julie, Augustus en die eerste helfte van September en somerkoring van die middel van September tot in November. Hoe dig die koring gesaai word, hang af van die hoeveelheid vog wat beskikbaar is vir die gesaaides. SaaimetodesWysig Die koringsaaimasjien met 'n kunsmisbak het byna oral die ou metode vervang waardeur koring met die hand gesaai is en daarna in die voorbereide grond ingeëg is. Deur middel van die eenrigtingploeg met sy saad- en kunsmisbakke word alles terselfdertyd gedoen. Omdat die koringkorrel baie klein is, moet dit nie te diep gesaai word nie. Die grond kan daarna weer met 'n ligte eg bewerk word. VersorgingWysig Die lande moet tydens die groeityd goed versorg word. Insekte en onkruid kan dikwels groot skade aanrig, en daar moet ook op gelet word dat plantsiektes nie voorkom nie. Insekte wat kan skade aanrig, kan in twee groepe verdeel word: die wat op die lande skade aanrig en die wat in die opbergplekke voorkom. Die koringluis, die graanskilpadjie, die graanslakkie, die graanstinkbesie en die sandveldgraanwurm is 'n paar van die insekte wat op die lande skade aanrig. Insekte wat skade aanrig aan koring in bergplekke, is die graanskuurkalander, die Indiese meelmot en die Angoumousgraanmot, asook sekere skemerkewers so os byvoorbeeld die van die genus Cadella. Skadelike onkruide wat dikwels voorkom, sluit in die duwweltjiedoring (Emex australis), wildehawer (Avena sterflis en Avena futua), verskeie disseldori ngspesies (Cirsium-spp.) en ramenas (Rhaphanus raphanistrum). Daar is verskeie maniere waarop die onkruide in bedwang gehou kan word, maar 'n voorvereiste is dat die braakland skoon is en net voor die saaityd omgeploeg word. Daar is ook onkruide wat vir die mens gevaarlik is omdat dit giftig is, byvoorbeeld stinkblaar (Datura-spp.) en die sprinkaanbos (Senecio-spp.). Wanneer 'n koringmonster giftige onkruidsade of onkruide bevat, mag dit slegs as ondergraad gegradeer word. Koring kan ook deur verskeie plantsiektes aangetas word, soos onder meer stamroes (Puccinia graminis tritici), tulpbrand (Urocystis tritici Koern), stinkbrand of bedekte brand (Tilletia tritici) en vaalblaar (Septoria tritici). Daar is verskeie behandelings teen hierdie siektes. OestydWysig Die oestye verskil van streek tot streek. In Transvaal word so vroeg as September geoes, terwyl die koring in die Vrystaat die laaste geoes word, naamlik in November en Desember. In Suidwes-Kaapland word in Oktober en November geoes. Wanneer selfbinders of platsnyers gebruik word, moet die koring feitlik ryp wees, maar wanneer van stropers gebruik gemaak word, moet die koring goed ryp wees. As die koring te gou geoes word, is die voggehalte hoog en dan kan die koring tydens berging bederf. OesmetodesWysig Hoewel die sekel hier en daar op beperkte skaal gebruik word, word die selfbinder en stroper verreweg die meeste gebruik. Die selfbinder sny die koring en bind dit netjies in gerwe, wat dan in hopies op die land gelaat word. Die gerwe word dan na die miedens gebring, waar dit gedors word. Die stroper sny en dors die koring tegelykertyd. Daar is ook oesdorsmasjiene en stropers wat die koring sny, dors, die graan klassifiseer en in sakke plaas. BemarkingWysig Koring word deur die Koringraad aangekoop teen 'n prys wat jaarliks vasgestel word en die koöperasies tree op as agente van die Koringraad. Die koring word in graansilo's geberg totdat dit benodig word. Gradering van koringWysig Koring word volgens gehalte en die marktoestand geklassifiseer. Die klasse word weer op hulle beurt in grade onderverdeel. Klas A sluit sekere variëteite van Triticum vulgare (broodkoring) en Triticum compactum (knopkoring) In, terwyl klas B koring van ʼn middelmatige bakgehalte insluit. Klas C is koring wat swak bakeienskappe toon, terwyl klas D koring is wat tot die spesies Triticum turgidum (kortkoring), Triticum polonicum (Iangkoring) en Triticum durum (durumkoring) behoort. Die koring wat tot klas D behoort, het swak maal- sowel as bakeienskappe. Koring moet gegradeer word voordat dit in graansilo's geberg word. VerwerkingWysig Die groot meule koop koring teen 'n vasgestelde prys van die Koringraad. By die meulenaar moet die koring eers gebreek en die kiemwit van die semels geskei word. Die kiemwit word dan in die meule tot meel gemaal. Deur 'n voortdurende proses word die semels verwyder en die verskillende groottes word met behulp van siwwe van mekaar geskei. As die korrels nog te groot is, word dit na die brekers teruggevoer om kleiner gemaal te word. Die koringkorrels word dan gesuiwer. Die semels word in 'n lugstroom van onder die stel maasrame weggevoer sodat net die swaarder kiemwitgedeeltes agterbly. Die koring is nou gereed om verder verwerk te word. Die Koringraad stel die pryse van koringmeel en brood vas. Die Regering subsidieer die prys van brood meet om sodoende die prys van brood so laag moontlik te hou.
<urn:uuid:75bf9c6d-2541-40cd-943a-3995dc80f9a5>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Koring
2019-07-15T18:40:42Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195523840.34/warc/CC-MAIN-20190715175205-20190715201205-00375.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999979
false
Dr. Wilhelm de Beer van die Universiteit van Pretoria se Bosbou- en Landbou-biotegnologie-instituut (Fabi) het gesê dié patogeen (Phytophthora) is nie ’n swam nie, maar ’n oomiesiet of waterskimmel. Dit was tot onlangs nie op Suid-Afrika se broodbome nie, maar is nou ook hier opgemerk en daar is nog geen oplossing gevind om dit te bestry nie. Rofhiwa Nesamari, ’n meestersgraadstudent by Fabi, bestudeer nou spesifiek dié plantpatogeen se uitwerking op broodbome om ’n oplossing te probeer kry. “Daar is nog baie min oor die siekte op broodbome in Suid-Afrika gedoen,” het sy gesê. Daar is altesaam 29 inheemse broodbome, maar 36 groei hier. “Ons sien op die paar plekke waar hulle nog natuurlik voorkom dat dié wilde plante vrek. Omdat dit droër raak weens klimaatsverandering, plaas dit die plante onder stres en dan is hulle meer vatbaar vir dié patogeen,” het Nesamari gesê. Dit is ook al aangetref op geteelde broodbome, soos dié wat mense versamel. Lus vir nog? Lees Elsabe Brits se volledige artikel in Die Burger.
<urn:uuid:48f917c0-be45-406e-8b57-4c499db24c70>
CC-MAIN-2019-30
https://scibraai.co.za/oplossing-gesoek-vir-siekte-wat-broodbome-laat-vrek/
2019-07-16T23:32:51Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00535.warc.gz
by-nc
4.0
a_tag
false
false
{ "abbr": [ "by-nc" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ false ], "location": [ "a_tag" ], "version": [ "4.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999972
false
Hongkongse nasionale krieketspan Hongkong | | ---|---| Geassosieerde lid met EDI- en T20I-status | sedert 1969 | Eerste Internasionale wedstryd | Hongkong teen Straits Settlements (Hongkong; 22 Januarie 1890) | Eerste Eendag-Internasionale wedstryd | teen Bangladesj op Sinhalese Sportklubveld, Colombo; 16 Julie 2004 | Eerste T20I | teen Nepal in die Zohur Ahmed Chowdhury-stadion, Chittagong; 16 Maart 2014 | Kaptein | Anshuman Rath | Afrigter | Simon Cook | Plek op IKR Toets-, EDI- en T20I-ranglys | –, –, 19de | Totale EDIs - Afgelope jaar | 26 | Laaste T20I | teen Nederland te Doebai Internasionale Krieketstadion, Doebai, 18 Januarie 2017 | Wen/verloor – Afgelope jaar | 10/14 0 | Soos op | 16 Julie 2019 | RekordsWysig Twintig20-rekordWysig Jaar | Uitslag | ---|---| 2007 | Nie gekwalifiseer nie | 2009 | Nie gekwalifiseer nie | 2010 | Nie gekwalifiseer nie | 2012 | Nie gekwalifiseer nie | 2014 | Groepfase | 2016 | Groepfase | 2020 | N.v.t. | Eksterne skakelsWysig - ( ) ( ) Amptelike webwerf
<urn:uuid:23c660d0-b085-462b-a955-d0a6b39d2bbd>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Hongkongse_nasionale_krieketspan
2019-07-18T04:27:31Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525500.21/warc/CC-MAIN-20190718042531-20190718064531-00135.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.991489
false
Karel V Keiser Karel V (24 Februarie 1500, Gent, België – 21 September 1558, Cuacos de Yuste, Spanje) uit die huis Habsburg was 'n seun van Filip die Skone (hertog van Boergondië, Brabant, Limburg en Luxemburg en graaf van Vlaandere, Artesië, Henegouwen, Holland, Zeeland en Namen) en Johanna van Kastilië. Hy was van 1519 tot 1556 die keiser van die Heilige Romeinse Ryk, en van 1516 tot 1556 koning van Spanje onder die naam Karel I. Die land waaroor hy geheers het, was die grootste Europese ryk sedert Karel die Grote. Wikimedia Commons bevat media in verband met Charles V, Holy Roman Emperor. |
<urn:uuid:949beb37-7743-4f67-846c-65215e72ae82>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Karel_V
2019-07-18T04:52:28Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525500.21/warc/CC-MAIN-20190718042531-20190718064531-00135.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.989884
false
Nagwolf ’n Nagwolf, naguil of nagloper is die benaming wat aan ’n persoon toegeskryf word wat die neiging het om tot laat in die aand wakker te bly. ’n Woord-eweknie vir hierdie omskrywing is aandmens. Die benaming kan aan die hoofsaaklik nagtelike gewoontes van die wolf of uil toegeskryf word. Gewoonlik bly mense wat nagwolwe is tot ná middernag wakker, terwyl hulle in uiterste gevalle tot net voor of ná sonsopkoms aan die gang bly. Naguile het die neiging om die meeste bedrywig of werklustig te voel voordat hulle gaan slaap in die aand. Party nagwolwe het ’n voorkeur of neiging om tot laat wakker te bly, of om nagskof te werk. Naguile wat dagskof onderneem, het dikwels die moeilikheid om betyds by hul werk op te daag. Sommige nagwolwe wat dit bitter moeilik vind om by die normale slaap- en opstaanpatrone aan te pas, kan aan die ,,uitgestelde slaapfasesindroom” ly. Die teenoorgestelde van ’n naguil is ’n vroegopstaner, wie geneig is om teen ’n sekere tyd, wat gewoonlik as ‘vroeg’ bestempel word, te gaan slaap, sowel as om vroeg uit die vere te wees. In etlike lande word vroegopstaners as “A-mense” bestempel, terwyl nagwolwe “B-mense” genoem word. [1][2] Navorsers gebruik gewoonlik die terme ‘morningness’ (oggendheid) en ‘eveningness’ (aandheid). [3] VoorkomsWysig Gesprekvoering en navorsing rakende die voorkoms van oggend, aand, middelmatige of gemiddelde chronotipe persone, maak van verskeie maatstawwe gebruik en kom tot verskillende gevolgtrekkings. Party vra wanneer die persone gaan slaap en wakker word; ander vra weer watter tydgleuwe die persone sou verkies het. ’n Opname van oor die 400 volwassenes het getoon dat 15% vroegopstaners, 25% naguile en 60% middelbaar is. [4] VerwysingsWysig - James, Kyle (2007-03-01). "Late Sleepers in Denmark Rally for Societal Change". Deutsche Welle. Besoek op 2009-11-01. - Morris, Chris (14 June 2007). "Late risers unite in Denmark". BBC News Channel. Besoek op 2009-11-01. - Horne JA, Östberg O (1976). “A self-assessment questionnaire to determine morningness-eveningness in human circadian rhythms”. Int J Chronobiol 4 (2): 97–110. - Schur, Carolyn (1994). "excerpt". Birds of a Different Feather. Saskatoon, Canada: Schur Goode Associates. ISBN 0969819005. Besoek op 2009-07-20. Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
<urn:uuid:9ab718cd-cc46-47e1-bf26-e23ea9bc482c>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Naguil
2019-07-18T04:48:59Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525500.21/warc/CC-MAIN-20190718042531-20190718064531-00135.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999838
false
Alfeus Alfeus was ’n kranige jagter en het verlief geraak op die nimf Aretusa, maar sy het na ’n eiland gevlug en haarself in ’n put verander. Daarna het Alfeus homself in ’n rivier verander wat onder die see deur gevloei het tot waar sy water met die put Aretusa saamgevloei het[4] Die Romeinse skrywer Ovidius het die verhaal affens anders vertel: Aretusa, ’n pragtige nimf, is eenkeer onkant betrap deur die god terwyl sy in die rivier Alfeus gebad het en hy het haar probeer vang. Die godin Artemis het haar jammer gekry en in ’n put verander.[5][6][7][8] Verwysings[wysig | wysig bron] - Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Alpheus (mythology) - Schmitz, Leonhard (1867). "Alpheias". Dictionary of Greek and Roman Biography and Mythology 1. Ed. William Smith. Boston: Little, Brown and Company. 133–134. - Hesiodus, Teogonie 338 - Pindar, Nemean Odes i. 1 - Pausanias, Description of Greece v. 7. § 2 - Ovidius, Metamorfoses v. 572, &c. - Vergilius, Aeneis iii. 694 - Statius, Silvae i. 2, 203 - Lucian, Dialogi Marini 3
<urn:uuid:f230bd8f-c298-42eb-9660-91700fe58610>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Alpheios
2019-07-16T23:02:07Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00559.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999675
false
.. samesmelting van Kommunistiese Party van Duitsland en Sosiaal-Demokratiese Party van Duitsland Wow.. Jcwf (kontak) 02:07, 23 Desember 2016 (UTC)
<urn:uuid:4a32b973-4900-4713-95e8-ee1c1fd36bfd>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Lys_Pim_Fortuyn
2019-07-16T23:29:03Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00559.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.994716
false
Liberté, égalité, fraternité Liberté, égalité, fraternité (Frans vir "Vryheid, gelykheid, broederskap") was die leuse van die Franse Rewolusie. Dit is in 1793 deur die Klub van die Cordeliers gekies en het later die amptelike leuse van Frankryk geword. Die oorspronklike rewolusionêre leuse bevat nog die byvoegsel "...ou la mort!" (..."of die dood!"). Dit is ook die amptelike leuse van die eilandnasie Haïti. Die Franse muntstukke van 1 en 2 euro word geslaan met die leuse op hulle keersy.
<urn:uuid:c5211202-8e1b-4bcc-a826-b9203f70c907>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Libert%C3%A9,_%C3%89galit%C3%A9,_Fraternit%C3%A9
2019-07-16T23:23:40Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00559.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999995
false
すみません Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek. Jump to navigation Jump to search 済みません This page is a soft redirect . Ontsluit van " https://af.wiktionary.org/w/index.php?title=すみません&oldid=142484 " Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Onlangse wysigings Lukrake woord Lukrake Afr. woord Woord begin met... Kategorieë Inligting Geselshoekie Huidige gebeure Hulp Skenkings Druk/eksporteer Skep boek Laai af as PDF Drukbare weergawe Gereedskap Skakels hierheen Verwante veranderings Laai lêer Spesiale bladsye Permanente skakel Bladinligting Haal dié blad aan Ander tale ᏣᎳᎩ English Eesti Suomi Français 한국어 ລາວ Lietuvių Malagasy Nederlands Polski Svenska 中文 Die bladsy is laas op 23 April 2017 om 19:26 bygewerk. Die teks is beskikbaar onder die lisensie Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel . Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting. Privaatheidsbeleid Inligting oor Wiktionary Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:d52aa67c-3fe7-4a5f-8033-d2b2ac02e614>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wiktionary.org/wiki/%E3%81%99%E3%81%BF%E3%81%BE%E3%81%9B%E3%82%93
2019-07-18T04:30:11Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525500.21/warc/CC-MAIN-20190718042531-20190718064531-00159.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998981
false
ti Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek. Jump to navigation Jump to search Inhoud 1 Volapük (vo) 1.1 Bywoord 1.2 Uitspraak 1.2.1 Betekenisse Volapük (vo) Woord ti Bywoord Uitspraak IPA : [ ti ] Betekenisse Amper Ontsluit van " https://af.wiktionary.org/w/index.php?title=ti&oldid=189647 " Kategorie : Woorde in Volapük Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Onlangse wysigings Lukrake woord Lukrake Afr. woord Woord begin met... Kategorieë Inligting Geselshoekie Huidige gebeure Hulp Skenkings Druk/eksporteer Skep boek Laai af as PDF Drukbare weergawe Gereedskap Skakels hierheen Verwante veranderings Laai lêer Spesiale bladsye Permanente skakel Bladinligting Haal dié blad aan Ander tale Asturianu Azərbaycanca Brezhoneg Català ᏣᎳᎩ Čeština Cymraeg Dansk Deutsch Ελληνικά English Esperanto Español Eesti Euskara Suomi Na Vosa Vakaviti Français Frysk Galego Hausa Hrvatski Magyar Հայերեն Bahasa Indonesia Interlingue Ido Italiano 日本語 La .lojban. ಕನ್ನಡ 한국어 Kurdî Кыргызча Limburgs ລາວ Lietuvių Latviešu Malagasy Nāhuatl Plattdüütsch Nederlands Norsk nynorsk Norsk Occitan Polski Português Română Русский Srpskohrvatski / српскохрватски Slovenščina Gagana Samoa Soomaaliga Shqip Svenska Тоҷикӣ ไทย Tagalog Türkçe Татарча/tatarça Українська Oʻzbekcha/ўзбекча Vèneto Tiếng Việt Volapük Walon 中文 Die bladsy is laas op 17 Februarie 2018 om 07:31 bygewerk. Die teks is beskikbaar onder die lisensie Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel . Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting. Privaatheidsbeleid Inligting oor Wiktionary Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:beaab219-333c-45d9-9463-fc7155f2a08f>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wiktionary.org/wiki/ti
2019-07-18T05:39:35Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525500.21/warc/CC-MAIN-20190718042531-20190718064531-00159.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.981525
false
Kategorie:Liedartikels sonder liedskrywers Hierdie is 'n versteekte kategorie Dit kategoriseer bladsye vir administratiewe doeleindes. Dit vorm nie deel van die ensiklopedie nie. | This category is for articles about songs where the article is missing the songwriters, because it has not been researched, noted in the relevant article, or available in a reliable source. If the songwriter is never likely to be known (e.g. for historical works), please use Category:Songwriter unknown. Hierdie kategorie bevat geen bladsye of media nie.
<urn:uuid:7a31882b-1ec9-42d5-becf-348165c88247>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Liedartikels_sonder_liedskrywers?from=Qo
2019-07-19T10:30:09Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00319.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.909397
false
Original Research Die Evangelie en die kultuur About the author(s) C. W. H. Boshoff,, South Africa Share this article Abstract Die belangrikheid van die kultuur as lewensruimte van die mens, ook die christenmens het meteens ontplof. In Mei 1984 het in Rome die sogenaamde Riano-konsultasie oor Evangelie en Kultuur plaasgevind. Die byeenkoms is deur die Kommissie vir Wêreldsending en Evangelisasie van die Wêreldraad van Kerke en deur die Sekretariaat vir Eenheid van die Rooms Katolieke Kerk byeengeroep. Keywords No related keywords in the metadata. Metrics Total abstract views: 1134 Total article views: 1155 Crossref Citations No related citations found.
<urn:uuid:b53baf3f-c7b0-4722-acb2-2c812ed90161>
CC-MAIN-2019-30
https://verbumetecclesia.org.za/index.php/ve/article/view/941
2019-07-19T11:17:49Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00319.warc.gz
by
4.0
a_tag
false
true
{ "abbr": [ "by", "by" ], "in_footer": [ true, false ], "in_head": [ false, false ], "location": [ "a_tag", "a_tag" ], "version": [ "4.0", "4.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999025
false
Aragoniet Aragoniet | | ---|---| Aragoniet op swawel | | Formule | CaCO3 | Onsuiwerhede | Sr, Pb, Zn | Nickel-Strunz (10) | 5.AB.15 | Kleur | kleurloos tot wit of grys; ander tint afhankelik van onsuiwerhede | Streep | kleurloos / wit | Glans | glasagtig, harsagtig | Hardheid | 3,5 - 4 (Mohs) | Digtheid | 2,947 g/cm3 | Optiese eienskappe | | Dubbelbreking | tweeassig (-) | RI-waardes | nα = 1.529 - 1.530 nβ = 1.680 - 1.682 nγ = 1.685 - 1.686 | Kristallografie | | Kristalsisteem | ortorombies | Ruimtegroep | Pmcn | Strukturbericht-kode | G0₂ | Eenheidsel | a = 4.95 Å, b = 7.96 Å, c = 5.74 Å[1] | * Lys van minerale | Aragoniet is metastabiel by normale temperatuur en druk. Dit word stabiel onder hoë druk en lae temperatuur. Indien aragoniet tot 400 °C verhit word, gaan dit oor in die stabieler kalsietvorm. Hoewel dit 'n metabiele vorm is, bestaan die meeste skulpe van tweekleppiges en korale uit aragoniet. Pêrels bestaan ook hoofsaaklik uit aragoniet.[2] Aragoniet en kalsiet kan altwee as neerslag uit seewater gevorm word wat oorversadig met karbonaatione is. Die spoed waarmee dit gevorm word hang van die temperatuur en die teenwoordigheid van magnesiumione af. By lae temperature word veral kalsiet gevorm.[3] StruktuurWysig Aragoniet is die argetipe van die G0₂-struktuur in die strukturbericht-klassifikasie. Dit het 'n ortorombiese eenheidsel en in hierdie ortorombiese sel word die atome op hierdie posisies aangetref:[4] - Ca op ¼, 0,4151, 0,2403 - C op ¼, 0,7627, 0,085 - O op ¼, 0,9231, 0.0952 - O op 0,4729, 0,6801, 0,087
<urn:uuid:9afdd433-727e-4076-8dcf-e12576114f84>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Aragoniet
2019-07-21T23:13:36Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527396.78/warc/CC-MAIN-20190721225759-20190722011759-00079.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998267
false
Frankfurt am Main Kaart | Wapen | Vlag | | Land | Duitsland | Deelstaat | Hesse | Koördinate | | Stigting | 22 Februarie 794 | Stadstatus | 1220 (Vrye Ryksstad) | Oppervlakte: | | - Totaal | 248,31 vk km | Hoogte bo seevlak | 112 m | Bevolking: | | - Totaal (30 September 2018) | 751 372[1] | - Bevolkingsdigtheid | 3 025,9/vk km | - Metropolitaanse gebied | 1 800 000 | - Metropolregion Rhein-Main | 5 800 000 | Tydsone | UTC +1 (MET) | - Somertyd | UTC +2 (MEST) | Klimaat | | - Tipe | Gematigde klimaat | - Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 10,1 °C | - Gem. temp. Januarie/Julie | 1,6 / 19,4 °C | - Gemiddelde jaarlikse neerslae | 611 mm | Burgemeester | Peter Feldmann (SPD) | Amptelike webwerf | frankfurt.de | Frankfurt am Main (Duits: [ˈfʁaŋkfʊɐ̯t am ˈmaɪ̯n] ) is met 'n bevolking van meer as 750 000 die grootste stad van die deelstaat Hesse en die vyfde grootste stad van Duitsland ná Berlyn, Hamburg, München en Keulen. Die metropolitaanse gebied van Frankfurt am Main het 1,8 miljoen inwoners; die Frankfurt Rhein-Main-streek het 'n bevolking van meer as vyf miljoen en is die tweede grootste ekonomiese spilpunt in Duitsland. Frankfurt am Main het reeds in die Middeleeue een van Duitsland se belangrikste stedelike sentra geword. Die eerste historiese verwysing na die stad dateer uit die jaar 794, en sedert die Hoë Middeleeue het Frankfurt die status van 'n Vrye Ryksstad geniet. Tot in die jaar 1806 het Frankfurt as die verkiesings- en kroningsstad van die keisers van die Heilige Romeinse Ryk gedien. Die stad was sedert 1806 die administratiewe setel van die Duitse Bond en in 1848/49 ook die setel van die eerste Duitse parlement wat vry verkies is. Die stad speel 'n belangrike rol in die wêreldekonomie. As die setel van die Europese Sentrale Bank, die Frankfurtse Effektebeurs en die Frankfurtse Handelskou is dit die belangrikste finansiële sentrum in Duitsland. Die lughawe van Frankfurt am Main was in 2018 met meer as 69,5 miljoen passasiers die grootste in Duitsland en een van die belangrikste lughawens wêreldwyd.[2] Naas die lughawe dra Frankfurt se sentrale ligging in Europa, sy hoofstasie en sy kruispunte van belangrike snelweë by tot sy rol as groot Europese vervoerspilpunt. Danksy die handel en talle nywerhede is Frankfurt am Main een van die Europese stede met die hoogste bruto geografiese produk (per capita) en saam met Parys en Moskou een van min Europese stede waar 'n groot aantal wolkekrabbers in die sentrale besigheidsdistrik opgerig is. Inhoud - 1 Etimologie - 2 Geografie en klimaat - 3 Geskiedenis - 4 Ekonomiese basis - 5 Demografie - 6 Argitektuur - 7 Vervoer en infrastruktuur - 8 Mediabedryf - 9 Onderwys - 10 Kultuur - 11 Kookkuns - 12 Susterstede - 13 Verwysings - 14 Eksterne skakels Etimologie[wysig | wysig bron] Die eerste historiese verwysings na die gebied dateer uit die jaar 794; dit het destyds as Frankonovurd (Oudhoogduits) en Vadum Francorum (Latyn) bekend gestaan. Albei benamings beteken letterlik "Drif van die Franke" - die Main se rivierloop was vroeër aansienlik breër, en die Germaanse bewoners van die gebied het 'n rotsbank in die rivier se ondergrond gebruik om die Main veilig te kan deurwaad. Die drif was in die Romeinse tydperk nie van strategiese belang nie; die Romeinse paaie, wat vanuit Mogontiacum (die huidige Mainz) na die hartland van Germanië geloop het, het die moerasgebiede van die Mainvlakte nie deurkruis nie. Die huidige Katedraalheuwel (Duits: Domhügel) is ná die einde van die Romeinse heerskappy in die gebied omstreeks 260 deur Alemanne beset. Hulle is omtrent 530 deur Frankiese stamme verdryf. Die nuwe Frankiese heersers het waarskynlik gebruik gemaak van die drif, aangesien hul handelsvennote na die roete as "Frankedrif" verwys het.[3] Ander legendes – soos die beweerde stigting van Frankfurt deur Karel die Grote, wat danksy die Middeleeuse kronis Thietmar von Merseburg bekendheid verwerf het, het geen historiese basis nie. Geografie en klimaat[wysig | wysig bron] Ligging[wysig | wysig bron] Frankfurt am Main is in die suidelike sentrum van Hesse langs die Mainrivier suidoos van die Taunus geleë. Dit is by verre die grootste stad van dié deelstaat en is noordoos van die hoofstad Wiesbaden geleë. Die hele stadgebied word deur 'n uitgestrekte groengordel omring wat die Frankfurter Stadtwald ("Frankfurtse stadwoud") insluit. Frankfurt se stadsgebied streek oor 23,4 kilometer in oos-westelike en oor 23,3 kilometer in noord-suidelike rigting. Belangrike buurstede sluit in Offenbach am Main net suidoos en verder suid Darmstadt. In die weste grens Frankfurt aan die Main-Taunus-Kreis, in die noordweste aan die Hochtaunuskreis, in die noorde aan die Wetteraukreis, in die noordooste aan die Main-Kinzig-Kreis, in die suide aan die distrik Offenbach en in die suidweste aan die distrik Gross-Gerau. Klimaat[wysig | wysig bron] Frankfurt het 'n gematigde klimaat wat grootliks beïnvloed word deur sy ligging in die noorde van die Bo-Rynse Laagvlakte, een van die warmste streke in Duitsland. Weergegewens vir Frankfurt Lughawe (1981–2010) | ||||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Maand | Jan | Feb | Mar | Apr | Mei | Jun | Jul | Aug | Sep | Okt | Nov | Des | Jaar | Hoogste maksimum (°C) | 15,3 | 17,5 | 24,2 | 28,3 | 32,0 | 37,5 | 38,8 | 39,6 | 31,6 | 28,0 | 18,9 | 16,3 | 39,6 | Gemiddelde maksimum (°C) | 4,2 | 5,9 | 10,7 | 15,4 | 20,0 | 23,1 | 25,5 | 25,1 | 20,3 | 14,6 | 8,4 | 4,9 | 14,8 | Gemiddelde temperatuur (°C) | 1,6 | 2,4 | 6,4 | 10,3 | 14,7 | 17,8 | 20,0 | 19,5 | 15,2 | 10,4 | 5,6 | 2,5 | 10,6 | Gemiddelde minimum (°C) | −1,1 | −1,1 | 2,1 | 4,9 | 9,1 | 12,3 | 14,4 | 14,0 | 10,5 | 6,6 | 2,8 | −0,1 | 6,2 | Laagste minimum (°C) | −19,1 | −18,5 | −12,7 | −7,1 | −1,2 | 3,6 | 2,8 | 5,0 | 0,4 | −4,3 | −9,0 | −16,9 | −19,1 | Neerslag (mm) | 44,5 | 40,9 | 48,4 | 42,1 | 63,4 | 58,1 | 64,7 | 56,5 | 53,0 | 54,7 | 49,1 | 53,9 | 629,18 | Sonskynure (u/d) | 50 | 80 | 121 | 178 | 211 | 219 | 233 | 219 | 156 | 103 | 51 | 41 | 138,8 | Bron: Deutscher Wetterdienst[4] | Geskiedenis[wysig | wysig bron] Vroeë geskiedenis[wysig | wysig bron] Die huidige stadsgebied was reeds in die steentydperk bewoon. Later het die Romeine hier 'n militêre kamp gestig wat in die Merowingiese tyd as Frankiese koningshof gedien het. In 843 het die stad 'n belangrike palts (tydelike setel) van die Oos-Franke geword, en ook die Reichstag ("Ryksdag") is gereeld hier gehou. In 1220 het Frankfurt am Main stadstatus gekry. Sy inwonertal het destyds volgens moderne beramings sowat 10 000 beloop. Die oudste dokument wat na die stad Frankfurt am Main verwys, is 'n oorkonde van keiser Karel die Grote vir die klooster St. Emmeram, uitgevaardig in 794. Rykspolitiek en verkiesing van heersers[wysig | wysig bron] In 855 is vir die eerste keer 'n Duitse heerser, koning Lothar II, in Frankfurt verkies. In die volgende eeue het Frankfurt sentraal gestaan in die politiek van die Heilige Romeinse Ryk en is altesaam 36 konings hier verkies, waarvan tien tot Duitse keisers gekroon is. Verkiesings van konings is veral in die Staufertydperk in die 12de eeu uitsluitlik in Frankfurt gehou – 'n tradisie wat in 1356 met keiser Karel IV se Goue Bul, die grondwet van die Ryk, skriftelik bevestig is. Die verkiesingsplegtighede het in die St. Bartolomeüskatedraal ("Keiserdomkerk") plaasgevind waar in 1562 ook vir die eerste keer 'n keiser van die Heilige Romeinse Ryk, Maximiliaan II, gekroon is – nadat dié plegtighede oorspronklik in Aken plaasgevind het. Die laaste kroning voor die amptelike ontbinding van die Heilige Romeinse Ryk in 1806 was dié van die Habsburgse keiser Frans II in 1792. Maar alhoewel baie heersers in Frankfurt vertoef het, was die stad nooit hul regeringsetel nie. Met die einde van die Heilige Romeinse Ryk het die stad 'n lid van die Rynbond en onder die heerskappy van die primaat (vorsbiskop) Karl Theodor von Dalberg die hoofstad van 'n kortstondige Groothertogdom Frankfurt (1810−1813) geword. Binne die bestel van die Duitse Bond was Frankfurt am Main weer 'n Vrye Stad en setel van die bond se parlement (Bundestag). Tydens die Rewolusie van 1848 het die Nationalversammlung (Nasionale Vergadering) in die stad se Paulskirche vergader. Pruise het die stad in 1866 geannekseer en by die provinsie Hesse-Nassau ingelyf. Die vroeë 20ste eeu[wysig | wysig bron] In ekonomiese opsig het Frankfurt, wat gaandeweg tot 'n belangrike nywerheidstad ontwikkel het, voordeel uit die anneksasie getrek. Die stadsbevolking het in die volgende dekades nie alleen danksy die natuurlike aanwas en migrasie gegroei nie, maar ook deur die inlywing van omliggende nedersettings. Tussen 1877 en 1910 is die stadsgebied van oorspronklik 70 km² verskeie kere uitgebrei tot 135 km². Teen die begin van die 20ste eeu was Frankfurt ten opsigte van sy oppervlakte tydelik die grootste stad in die Duitse Ryk. Die vinnige bevolkingsgroei het gepaard gegaan met die uitbou van die stedelike infrastruktuur. Nuwe skole, Mainbrûe, 'n abattoir, treinstasies, tremlyne en hawegeriewe het ontstaan. Behoorlike watervoorsiening en riolering is daargestel en 'n moderne professionele brandweer in die lewe geroep. Nadat nywerhede aanvanklik in veral in die stadsdele Bockenheim en Sachsenhausen saamgetrek was, het tussen 1909 en 1912 nuwe hawegeriewe en nywerheidsones in die ooste van Frankfurt ontstaan wat groter was as die hele beboude stadsgebied noord van die Main in die laat 19de eeu. Naas tradisionele bedrywe soos metaalvervaardiging, gieterye en drukkerye het nuwe nywerhede soos brouerye, chemiese fabrieke en, in die tyd ná die Internasionale Elektrotegniese Uitstalling van 1891, ook vervaardigers van elektriese toerusting hulle in die stad gevestig. In 1914 het die Universiteit van Frankfurt, wat sy ontstaan aan skenkings van plaaslike burgers te danke gehad het, sy deure geopen. Gedurende die Eerste Wêreldoorlog is Frankfurt nie deur oorlogshandelinge geraak nie, maar as gevolg van die Britse seeblokkade het bewoners aan wanvoeding gely. Voedsel was, soos elders in die Duitse Ryk, skaars en gerantsoeneer. Die militêre nederlaag en die Novemberrewolusie in 1918 het tot onluste en tydelik ook straatgevegte gelei wat tot die einde van 1919 voortgeduur het. Die twintigerjare was in kulturele opsig 'n bloeitydperk. Frankfurt het bekend gestaan vir sy teaters en sy behuisingsprojek "Nuwe Frankfurt". Die sogenaamde Frankfurtse kombuis, die prototipe van moderne kombuise, het internasionale aandag getrek. In 1925 is in die nuut geboude Waldstadion die eerste internasionale Werkersolimpiade gehou. Metropool van Wes-Duitsland[wysig | wysig bron] Ná die verwoestende bomaanvalle van die Tweede Wêreldoorlog, waartydens die hele historiese stadskern en groot dele van die middestad in 'n puinhoop verander is, het destydse stromings van die moderne stadsbeplanning as aanleiding vir die heropbou gedien. Die middeleeuse stadsbeeld, wat tot en met 1944 byna onveranderd bewaar gebly het, het egter verlore gegaan. So word groot dele van die binnestad deur modernistiese boukuns oorheers. In 1946 is Frankfurt by die nuutgestigte deelstaat Hesse ingesluit. As 'n voormalige selfregerende stadstaat wat eers in 1866 by 'n Duitse land aangesluit het en vroeër nooit deel uitgemaak het van Hesse nie, het Frankfurt nie as 'n potensiële setel van die Hessiese regering kandidaat gestaan nie. Vervolgens is Wiesbaden as die nuwe administratiewe hoofstad gekies. Die Amerikaanse troepe, wat die voormalige I.G. Farben-hoofgebou as hulle Europese hoofkwartier gekies het, het hulle vir Frankfurt as die nuwe federale hoofstad van die Bondsrepubliek Duitsland uitgespreek en van die stad ook die administratiewe sentrum van die drie westelike besettingsones (wat in die Duitse omgangstaal dikwels "Trisonesië" genoem is) gemaak. Uiteindelik is Bonn an die Ryn met 'n klein meerderheid stemme as nuwe Wes-Duitse hoofstad gekies. Die Frankfurtse parlementsgebou, wat op dié tydstip reeds voltooi was, het later as hoofkwartier van die openbare Hessiese Uitsaaikorporasie Hessischer Rundfunk gedien. Maar aangesien Berlyn vanweë sy verdeling in 'n westelike en 'n oostelike helfte nie meer as die ekonomiese sentrum van Duitsland kon fungeer nie en Wes-Berlyn te ver afgeleë was van Wes-Duitsland, het Frankfurt am Main talle funksies, wat voorheen deur Berlyn en Leipzig vervul is, oorgeneem en danksy sy sentrale ligging in die Bondsrepubliek tot sy ekonomiese, finansiële en vervoersentrum ontwikkel. Die stad is tans die setel van die grootste Duitse privaatbanke, die Duitse Sentrale Bank (Bundesbank) en sedert 1999 ook van die Europese Sentrale Bank. Ekonomiese basis[wysig | wysig bron] Frankfurt am Main is die metropool van die Ryn-Main-gebied, 'n ekonomiese swaartepunt in Duitsland wat met sy 5,4 miljoen inwoners, 2,7 miljoen werkgeleenthede (waarvan 620 000 in die stadsgebied van Frankfurt) en 320 000 ondernemings 'n jaarlikse bruto binnelandse produk van 180,2 miljard € (2 100 miljard ZAR) genereer.[5] Twintig van die 100 grootste nywerheidsmaatskappye in Duitsland het hulle hoofkwartiere in Frankfurt.[6] Die stad is 'n eersterangse finansiële sentrum met 'n uitgebreide dienstesektor en speel as setel van die Europese Sentrale Bank ook 'n beduidende internasionale rol op die gebied van monetêre beleid – hier word besluite geneem wat meer as 330 miljoen mense in die sogenaamde Eurosone raak. Volgens 'n ranglys van die Universiteit van Liverpool (Verenigde Koninkryk) is Frankfurt am Main saam met Karlsruhe (Duitsland), Parys (Frankryk) en München (Duitsland) een van die vier welvarendste stede van Europa. Tog bly dit 'n stad met 'n baie hoë skuldlas, aangesien 'n groot deel van die welvarende belastingbetalers nie in die stad self woon nie, maar in die aangrensende selfstandige distrikte. Frankfurt am Main bied sowat 600 000 werkgeleenthede vir sy inwoners en 'n groot aantal pendelaars. Die stad is nie net een van die belangrikste knooppunte vir die Duitse en internasionale vervoer nie, maar ook die setel van verskeie groot handelskoue. Dit is ook die eerste stad ter wêreld wat sedert die Middeleeue gereeld handelskoue aanbied en is met 'n grootpad, die Via Regia, aan die ander groot Duitse handelstad, Leipzig, verbind. Die handelskouterrein beskik vandag oor 'n hipermoderne infrastruktuur, met die nuwe wolkekrabber Messeturm as sy baken. Hier vind die groot skoue soos die Internationale Automobilausstellung (motors), Frankfurter Buchmesse (boeke) en Ambiente Frankfurt (verbruikersware) plaas. Daar is min ander Duitse stede met dieselfde verskeidenheid van internasionale ondernemings wat hier hulle hoofkwartiere het. Die vernaamste nywerhede is chemie, advertensies, sagteware en inbelsentrums. Die stad staan egter veral bekend as 'n finansiële en handelsentrum. Die Frankfurtse Beurs is die tweede grootste in Europa en een van die belangrikstes ter wêreld. Die wolkekrabbers in die middestad, waarvan die grootstes nagenoeg 300 meter hoog is, dien as die hoofkwartiere van die groot Duitse banke. Die sentrale ligging van Frankfurt in Duitsland het die vinnige groei van sy lughawe bevorder. Dit is nou die grootste passasiers- en vraglughawe op die Europese vasteland en bied ook die grootste aantal internasionale bestemmings. Demografie[wysig | wysig bron] Gegewens oor die demografiese ontwikkeling van Frankfurt berus tot in die 19de eeu op ruwe skattings. Eers vanaf omstreeks 1810 is meer presiese bevolkingsopnames gehou en amptelike statistieke gepubliseer. In die middeleeue was Frankfurt met sowat 10 000 inwoners 'n middelgroot stedelike nedersetting. In die 17de eeu het die bevolkingstal die 20 000-kerf verbygesteek en teen die middel van die 18de eeu gegroei tot 30 000. In 1810 het dit 40 000 beloop. Tot die einde van die Vrye Stad Frankfurt het die bevolking verder gegroei tot meer as 90 000, waarvan 78 000 binne die ou versterkings. Die huidige bevolking van hierdie geskiedkundige middestad is slegs 7 000. In 1875 het Frankfurt se bevolking vir die eerste keer 100 000 oorskry en was vanaf 1880 een van die tien grootste stede in Duitsland. Met 414 576 inwoners was dit die negende grootste stad in Duitsland en die vierde grootste in Pruise. Kort voor die begin van die Tweede Wêreldoorlog het die stadsbevolking 553 464 beloop. As gevolg van oorlogshandelinge het meer as 4 800 burgerlikes en 12 700 Frankfurtse soldate hul lewens verloor. Die Joodse bevolking het voor die oorlog sowat 30 000 beloop, waarvan 12 000 in die Holocaust vermoor is. Teen die einde van 1945 het die inwonertal gedaal tot 358 000 nadat sowat die helfte van alle woonstelle deur bomaanvalle vernietig is. Die bevolking het in 1951 weer die vlak van 1939 en in 1963 met 691 257 sy voorlopige hoogtepunt bereik. Migrasie na die omliggende gebiede het die bevolking in die volgende jare weer laat krimp. So het die inwonertal in 1986 nog 592 411 beloop. Sedertdien het die bevolking jaarliks gegroei tot 'n nuwe rekord van 695 624 (soos op 30 September 2011), waarvan 524 636 Duitsers en 170 988 buitelanders.[7] In September 2018 het die inwonertal reeds meer as 751 000 beloop. Argitektuur[wysig | wysig bron] Die ou stadskern[wysig | wysig bron] Die ou stadskern van Frankfurt behels drie van die stad se belangrikste argitektoniese besienswaardighede: Die Kaiserdom (keiserlike katedraal), die Römerberg en die Paulskirche. Die Rooms-Katolieke domkerk St. Bartholomäus met sy kenmerkende Laat-Gotiese westoring was vroeër die plek waar die Duitse keisers verkies en bekroon is. Ná die plegtigheid is 'n feestelike optog op die sogenaamde Königsweg ("koningspad") na die banketsaal in Frankfurt se raadsaal gehou. Die huidige Archäologische Garten ("Argeologiese Tuin") met opgrawings uit die Romeinse en Karolingiese tydperk lê voor die katedraal. Die Römerberg ("Romeineheuwel") is die sentrale plein van die ou stadskern met die Römer (Frankfurt se raadsaal uit die 14de eeu), die Vroeg-Gotiese Alte Nikolaikirche ("Ou Nikolaikerk") en 'n ry historiese huise aan die oostelike kant wat ná die Tweede Wêreldoorlog heropgebou is. Die Paulskirche is in die tydperk tussen 1789 en 1833 deur die argitek Johann Georg Christian Haas opgerig om die Middeleeuse Fransiskanekerk te vervang en het tot 1944 as Frankfurt se Evangelies-Lutherse hoofkerk gedien. Die Frankfurtse Nasionale Vergadering het in die jare 1848 en 1849 in hierdie Klassisistiese gebou byeengekom. Die Paulsplatz is vandag 'n gewilde plein met straatkafees. Die argitektoniese karakter van Frankfurt se binnestad is, net soos in ander groot Duitse stede, as gevolg van die Tweede Wêreldoorlog met sy bomaanvalle en die moderne heropbou drasties verander. In Frankfurt het die padverkeer aanvanklik besondere aandag gekry, en naas moderne geboue in die binnestad is ook 'n uitgestrekte straatnetwerk gebou. Van die ou historiese stadskern, wat voor die oorlog een van die grootstes van sy soort in Duitsland was en meer as 4 000 vakwerkhuise ingesluit het, het min bewaar gebly. Die enigste oorspronklike gebou is die Haus Wertheym by die Fahrtor. Maar reeds omstreeks 1900 is enkele woonkwartiere soos dié van die Judengasse afgebreek om plek te maak vir nuwe strate. Die meeste oorblyfsels van Frankfurt se historiese argitektuur lê vandag by die Römerberg. Die huidige binnestad is in 1333 as Neustadt ("Nuwe Stad") gestig. In die vroeë 19de eeu is die 17de eeuse barok-versterkings afgebreek om plek te maak vir 'n ringvormige park wat die destydse stadskern omsluit het. Volgens die stadsbeplanner Georg Heß se statuut was bouhere verplig om nuwe geboue in die Klassisistiese boustyl op te rig. Een van die kenmerkendste voorbeelde van Frankfurt se Klassisisme is die Ou Stadsbiblioteek wat in die tydperk tussen 1820 en 1825 ontstaan het en ná sy verwoesting in 1944 in sy oorspronklike styl as Literaturhaus heropgerig en in 2005 geopen is. Teen die einde van die 19de eeu het die Hauptwache tot die middelpunt van die stad ontwikkel, terwyl die Zeil sy besigste winkelstraat geword het. Die Katharinenkirche in die barokstyl, wat tussen 1678 en 1681 by die ingang van die Zeil opgerig is, word met die Goethe-gesin verbind en is tans die grootste Evangelies-Lutherse kerk in Frankfurt. Die Zeil ondergaan in argitektoniese opsig tans groot veranderinge. Op die bouterrein naby die Hauptwache word tans die duurste bouprojek in Europa uitgevoer, FrankfurtHochVier van die Nederlandse projekontwikkelaars MAB. Die projek behels die oprigting van 'n luukse winkelsentrum, 'n eersteklas-hotel, kantore en woonstelle, asook die heropbou van die voormalige Palais Thurn und Taxis (1727−1741) wat in 1944 vernietig is. Die gebouekompleks is in 2008/2009 voltooi. Ook in die historiese stadskern is daar heelwat boubedrywighede. Die sogenaamde neue Frankfurter Altstadt of nuwe Frankfurtse ou stad tussen Domkerk en Römer het met vyftien gerekonstrueerde historiese geboue en twintig moderne projekte, wat in Mei 2018 voltooi is, onmiddellik 'n toereistetrekpleister geword.[8] Sakrale boukuns[wysig | wysig bron] Die domkerk van Frankfurt of Keiserlike domkerk St. Bartholomeüs (Duits: Dom St. Bartholomäus) is die grootste sakrale gebou van Frankfurt en het oorspronklik as 'n paltskapel en kapittelkerk gedien. Die vroegste sakrale gebou en voorloper van die domkerk was die Karolingiese Salvator-kerk uit die jaar 840 wat vanaf 1248 vergroot is. Die huidige kerk het tussen die 14de en 15de eeu op die fondamente van 'n vroeëre Merowingiese kerkgebou ontstaan. Die domkerk is 'n hallekerk met drie skepe, maar danksy die baie kort Vroeg-Gotiese langhuis en die baie lang dwarsskip uit die 14de eeu het die kerk eerder die grondvorm van 'n sentrale gebou. Die monumentale westoring uit die 15de eeu met 'n hoogte van 95 meter word vanweë sy ongewone koepel by die groot prestasies van die Gotiese boukuns in Duitsland gereken. Die domkerk se boubedrywighede het oor 14 eeue gestrek en was steeds nou verbind met die algemene geskiedenis van Frankfurt. Vanaf 1356 is die konings van die Heilige Romeinse Ryk hier verkies, en in die tydperk tussen 1562 en 1792 is die keisers van die ryk hier gekroon. Die domkerk was sodoende een van die beduidendste geboue van die ryksgeskiedenis en veral in die 19de eeu 'n simbool van nasionale eenheid. Dit was daarnaas een van min groot kerkgeboue in Duitsland wat die status van "Keiserdomkerk" gekry het.[9] Die domkerk is in 1867 deur 'n brand vernietig en in 1877 in sy huidige vorm herstel. By hierdie geleentheid is ook die toring volgens die oorspronklike planne van die Middeleeuse katedraalboumeester Madern Gertner voltooi.[10] Dit is vir 'n tweede keer tydens die geallieerde bomaanvalle van die Tweede Wêreldoorlog ernstig beskadig, en sy binneruimte het volledig uitgebrand. Die domkerk is in die 1950's heropgebou. Mainoewer, Mainbrûe en Museumsufer[wysig | wysig bron] Die twee Mainoewers het danksy die argitektoniese en kulturele besienswaardighede langs die Mainrivier tot gewilde plekke vir inwoners en toeriste ontwikkel. Die Alte Brücke (Ou Brug) oor die Main het reeds in die vroeë 13de eeu bestaan en is eeue lank as die beduidendste gebou in Frankfurt beskou. Vandag behoort ook die Eiserne Steg, 'n voetgangersbrug wat in 1869 ingewy is, tot die bekendste bakens langs die rivier. Die uitstallingsgebou Portikus op die Maineiland is in 2006 geopen. Die uitsig oor die historiese stadskern en stadshorison van Frankfurt vanuit een van die Mainbrûe in die oostelike binnestad word deur die media dikwels as 'n illustrasie in bydraes oor die Mainmetropool gebruik. Die Museumsufer (Museumoewer) is een van die beduidenste museumkomplekse in Duitsland en Europa met 13 verskillende musea wat in die periode tussen 1980 en 1990 uitgebou of nuut opgerig is. Die argitektoniese spektrum strek van ou statige villas tot nuwe geboue soos die Museum für Angewandte Kunst (MAK; Museum vir Toegepaste Kuns) wat deur die argitek Richard Meier ontwerp is. Naas die MAK behels die Museumsufer aan die Main se linker- en regteroewer die Frankfurtse Ikone-museum, die Museum van Wêreldkulture, die Duitse Filmmuseum, die Duitse Argitektuurmuseum, die Museum vir Kommunikasie, die Städel Museum, die Liebighuis ('n museum vir ou beeldhoukuns), die Museum Giersch (plaaslike kuns), die Historiese Museum en die Joodse Museum. Die Städel Museum besit skilderye van Jan van Eyck, Albrecht Dürer, Andrea Mantegna, Sandro Botticelli, Hiëronimus Bosch, Rembrandt, Johannes Vermeer, Edgar Degas, Henri Matisse, Claude Monet, Pierre-Auguste Renoir, Pablo Picasso, Ernst Ludwig Kirchner, Max Beckmann, Paul Klee, Antoine Chintreuil, Francis Bacon, Gerhard Richter, Wolfgang Tillmans en Isa Genzken. Kulturele feeste soos die Museumsuferfest in laat Augustus en die Nag van die Musea wat elke lente plaasvind, lok jaarliks duisende besoekers. Die natuurbewaringsgebied Schwanheimer Düne naby die rivier in die weste van die stadsbuurt Schwanheim behels een van Europa se min binnelandse duine. Die gebied beslaan 'n oppervlakte van 58,5 hektaar en is 'n belangrike habitat vir bedreigde dier- en plantspesies. Hoofstasie en Bahnhofsviertel[wysig | wysig bron] Die hoofstasie van Frankfurt is in 1888 geopen en behoort volgens die aantal passasiers en langafstandtreine tot die grootstes van sy soort in Europa. Die reusagtige stasiehal met sy vyf skepe waarvan die staalgeraamte en dak volledig gerestoureer en sodoende hul glans teruggekry het, die ontvangsaal in dieselfde boustyl en die warboel van bo- en ondergrondse geriewe maak van die stasie 'n indrukwekkende gebou en argitektoniese besienswaardigheid in eie reg. Die stadsbuurt Bahnhofsviertel rondom die stasie is 'n smeltkroes van vele kulture met 'n groot aantal winkels en restourante wat die etniese verskeidenheid van die bewoners weerspieël. Die kwartier wemel 24 ure per dag van mense, onder meer danksy die rooiligbuurt rondom Taunusstraße. Hier word ook die tipiese sosiale teenstellings van 'n internasionale stasie aangetref: pendelaars, banklui, sakemanne, internasionale besoekers van handelskoue en toeriste, maar ook bedelaars en alkohol- en dwelmverslaafdes. Die Kaiserstraße is 'n breë winkelstraat waar rykdom naas armoede, multikulturele winkels, moderne hoofkwartiere van nasionale en internasionale banke naas tipiese instellings van 'n rooiligbuurt aangetref word. Wolkekrabbers[wysig | wysig bron] Sedert die 1950's het Frankfurt tot een van min Europese stede ontwikkel wat danksy 'n groot aantal wolkekrabbers hul eie kenmerkende stadshorison ontwikkel het. Frankfurt het dan ook die bynaam "Mainhattan" gekry – 'n verwysing na Manhattan in New York Stad. Die meeste wolkekrabbers is in die sogenaamde Bankenviertel ("Bankebuurt") in die westelike stadsentrum gekonsentreer. Die Henningerturm in die stadsbuurt Sachsenhausen was in 1961 die eerste gebou in Frankfurt wat met sy hoogte van 120 meter die westoring van die katedraal oortref het. Vroeëre wolkekrabbers soos die AEG-huis (1951), die telekommunikasiehuis (Fernmeldehochhaus, 1954) en die Zürich-huis (1962) was beperk tot hoogtes tussen 45 en 69 meter. Hulle is intussen almal lankal afgebreek, alhoewel sommige van hulle tot argitektoniese monumente verklaar is. Die Junior-huis, wat in 1951 deur die na-oorlogse argitek Wilhelm Berentzen ontwerp is, staan egter nog steeds en word as Frankfurt se eerste wolkekrabber beskou. Die gebou met 'n hoogte van 35 meter beskik oor nege verdiepings en was in sy tyd vanweë sy glastrappehuis en sy twee hysbakke wat onafhanklik van mekaar werk 'n argitektoniese uitdaging. Die hoogste wolkekrabbers van die 1970's (die Marriott-hotel en die destydse hoofkwartier van die Dresdner Bank) was met hul hoogte van sowat 160 meter die hoogtes in Duitsland. Die Messeturm, wat in 1990 voltooi is, was met 257 meter die hoogste wolkekrabber in Europa totdat dit in 1997 deur die hoofkwartier van die Commerzbank (259 meter, met sy antenne 300 meter) oortref is. Die hoogste gebou in Frankfurt is nogtans die Europaturm met 337,5 meter. Hierdie telekommunikasie- en televisietoring in besit van die Duitse Telekom is in die jare 1974 tot 1978 opgerig. Sy uitkykpunt en ander geriewe vir besoeke is in 1999 om ekonomiese redes gesluit. Tans is die Maintower die enigste wolkekrabber met 'n uitkykpunt (200 meter) wat nog oop staan vir die publiek. Daar is egter restourante in die 25ste verdieping van die Japan Center en in die 29ste verdieping van die Eurotheum. Tydens die Wolkekrabber-fees, wat ongereeld gehou word, staan egter ook ander wolkekrabbers oop vir besoekers. In Augustus 2011 was daar in Frankfurt twaalf geboue met 'n hoogte van meer as 150 meter. Onlangse projekte sluit die Opernturm-wolkekrabber naby die Ou Operahuis in. Die enigste ander stad in Duitsland met 'n wolkekrabber, wat in hierdie kategorie val, is Bonn met sy Post Tower. Nuwe stadsbuurte[wysig | wysig bron] Die Europaviertel is 'n nuwe stadsbuurt met 'n oppervlakte van 90 hektaar wat op die voormalige rangeerterrein van 'n vragstasie in die weste van Frankfurt ontstaan. Die terrein is tans in besit van twee eiendomsontwikkelingsmaatskappye, Aurelis Real Estate (66,7 hektaar) en Vivico Real Estate (18 hektaar). Die twee ondernemings beplan om hier tot teen 2019 nuwe kantore, hotelle, woonstelle, winkel- en ontspanningsgeriewe op te rig. Boubedrywighede in die oostelike gedeelte van die terrein het in die tweede kwartaal van 2005 begin, en in 2006 is die nuwe Mövenpick-hotel as een van die eerste geboue voltooi. Vivico het in Januarie 2008 bekend gemaak dat 'n kontrak vir die bou van 'n nuwe Grand Hyatt-vyfsterhotel reeds aangegaan is. Die luukse hotel sal deel uitmaak van die Europaviertel se Urban Entertainment Center. In Februarie van dieselfde jaar het die onderneming ook sy planne vir 'n bykomende 110 woonstelle en 'n toeristehotel bekend gestel. Die Urban Entertainment Center (UCE) bevat drie gebouekomplekse met 'n hotel- en 'n kantoortoring (210 meter) asook 'n winkelsentrum. Die beplande wolkekrabber Millennium Tower teenoor die UCE sal 'n hoogte van 350 meter bereik. Die Frankfurtse Westhafen (Weshawe) is 'n voormalige hawe aan die Mainrivier se regteroewer, in die westelike binnestad van Frankfurt en net enkele straatblokke suid van die hoofstasie. Dit beskik oor 'n uitgestrekte hawebekken met 'n lengte van 560 meter en 'n wydte van 75 meter wat deur 'n hawehoof van die Main geskei word. Die Westhafen is op 16 Oktober 1886 geopen en het die vroeëre Winterhawe vervang. In 1993 het Frankfurt se stadsraad besluit om die haweterrein met 'n totale oppervlakte van twaalf hektaar tot 'n nuwe stadsbuurt met kantore, woonstelle, winkels, kroeë en restourante om te skep. Die hawebekken het bewaar gebly om as jaghawe te dien. By die oostelike ingang tot die kwartier het die sogenaamde Westhafen-Tower ontstaan, 'n ronde kantoorgebou met 'n kenmerkende glasfasade. Dit was een van die eerste geboue wat in die nuwe buurt voltooi is en behoort met 'n hoogte van 112 meter tot die stad se kleiner wolkekrabbers. Wes hiervan het in 2004 bykomende kantoorgeboue soos die Torhaus en die Westhafenpier ontstaan. Naas kantore is ook talle woongeboue in die nuwe stadsbuurt opgerig. Twaalf woonhuise op die hawehoof is gedeeltelik op pilare in die water gebou en beskik oor hul eie boothawe. Ná sy voltooiing sal die Westhafen-kwartier sowat 2 000 bewoners huisves en werkgeleenthede vir 3 000 mense bied. The Squaire[wysig | wysig bron] The Squaire, ook bekend as Airrail Center Frankfurt, is met 140 000 m² se totale ruimte die grootste kantoorgebou in Duitsland. Die gebou het 'n lengte van 660 meter, 9 verdiepings met 'n totale hoogte van 45 meter en 'n wydte van 65 meter. Die gebou is volledig oor die Frankfurt-lughawe se spoorwegstasie geleë en word deur 'n brug met die lughawe-terminaal 1 verbind. The Squaire, wat as een van die duurste projekte in Frankfurt teen 'n koste van een miljard € (10,3 miljard ZAR) opgerig is, is vir gemengde gebruik ontwerp. Die gebou huisves twee Hilton-hotelle asook 'n aantal winkels en supermarkte en die nuwe kantoor van die ouditeursfirma KPMG. The Squaire word stapsgewys geopen en is in 2012 voltooi. Vervoer en infrastruktuur[wysig | wysig bron] Lughawens[wysig | wysig bron] Frankfurt is danksy sy sentrale ligging 'n belangrike knooppunt van Europa se lug-, spoor-, pad- en watervervoerstelsels en beskik oor een van die grootste internasionale lughawens ter wêreld. Die Lughawe Frankfurt am Main is die derde grootste in Europa ná Londen-Heathrow en Parys-Charles de Gaulle ten opsigte van passasiersgetalle en die grootste wat lugvrag betref. In 2018 het die lughawe meer as 69,5 miljoen passasiers en 2,2 miljoen ton lugvrag hanteer. In die winter van 2017/18 het 89 nasionale en internasionale lugrederye 262 bestemmings in meer as 100 lande bedien.[11] 'n Moderne en effektiewe vervoer-infrastruktuur is van sentrale belang vir internasionale lugspilpunte soos Frankfurt. Die besigste snelweë in Europa, wat van oos na wes en van suid na noord loop, kruis naby die lughawe en verbind dit met Frankfurt en ander Duitse metropole. Die lughawe beskik daarnaas oor sy eie ICE-treinstasie vir langafstand-hoëspoedtreine en 'n tweede stasie vir streekstreine. Daagliks neem sowat 170 langafstandtreine passasiers na die lughawe.[12] Treindienste word aangevul deur Lufthansa se busroetes waarvan ook passasiers van ander lugrederye gebruik kan maak. Lufthansa se Airport Bus-diens bedien roetes tussen Frankfurt en Mannheim, Heidelberg, München en Straatsburg. Ten spyte van sy naam is Frankfurt se tweede en kleiner lughawe Frankfurt-Hahn nie in die stad self geleë nie, maar sowat 120 kilometer wes van Frankfurt in Lautzenhausen in die deelstaat Rynland-Palts. Dit is die tiende grootste lughawe in Duitsland wat jaarliks tot drie miljoen passasiers en byna 300 000 ton lugvrag hanteer.[13] Padvervoer[wysig | wysig bron] Die Frankfurter Kreuz naby die lughawe van Frankfurt is die kruispunt van twee belangrike snelweë, die Autobahn 5 (A 6, wat van die Hattenbacher Dreieck tot by Weil am Rhein in Baden-Württemberg loop) en die Autobahn 3 (A 3) tussen Arnhem (Nederland) en Passau (Beiere). Die kruispunt is met daagliks sowat 310 000 voertuie die besigste in Europa. Ander belangrike snelweë in en naby Frankfurt sluit die A 66 (wat in die weste tot by Wiesbaden en in die ooste tot by Fulda loop), die A 648 (wat tot by Frankfurt se skouterrein en die binnestad loop), die A 661 tussen Oberursel en Egelsbach, die A5 in die weste, die A 661 in die noordooste en die A 3 in die suide. Die drie laasgenoemdes maak deel uit van 'n kringpad wat rondom Frankfurt loop. Frankfurt se stadsgebied beskik oor 1 145 kilometer se munisipale strate en paaie, en met 715 motors per 1 000 inwoners het Frankfurt die hoogste motordigtheid in Duitsland. Spoorvervoer[wysig | wysig bron] Frankfurt se hoofstasie is een van die besigstes in Europa en dien volgens die nasionale Duitse spoorweë Deutsche Bahn AG as die belangrikste spoorvervoersentrum in Duitsland. Ten opsigte van sy oppervlakte is dit saam met die hoofstasies van Leipzig en Zürich ook een van die grootstes in Europa. Met daagliks sowat 350 000 passasiers is dit saam met die hoofstasie van München die tweede besigste stasie in Duitsland na Hamburg se hoofstasie wat daagliks 450 000 passasiers hanteer. Die ICE-spoorlyn na Keulen is in 2002 in bedryf gestel sodat die reistyd tussen die twee stede tot 1¼ ure ingekort is. As deel van die Rhealys-projek is daarnaas ook 'n hoëspoedspoorlyn na Parys se Gare de l'Est-stasie gebou. Die reistyd na Parys is tot vier ure ingekort. Die belangrikheid van Frankfurt se stasies vir die vragvervoer het daarenteen afgeneem. Die hoofvragstasie is intussen gesluit sodat slegs die kleiner stasie Frankfurt am Main-Oos tans nog spoorvrag hanteer. Die terrein van die vroeëre hoofvragstasie word intussen gedeeltelik vir handelskoue gebruik, en ook die nuwe stadsbuurt Europaviertel word hier gebou. Openbare vervoer[wysig | wysig bron] Die openbare vervoerstelsel van Frankfurt behels 'n netwerk van treine, stadstreine, moltreine, trems en busse. Agt van die nege stadstreine ry deur die City-Tunnel, 'n tonnel met sewe stasies onder die stadsentrum. Die grootste maatskappy van die openbare vervoerstelsel is die Verkehrsgesellschaft Frankfurt (VGF). Die Rhein-Main-Verbund (RMV) is 'n oorkoepelende liggaam waarin die verskillende openbare vervoermaatskappye van die metropolitaanse Ryn-Maingebied saamgesluit het om die vervoerstelsels doeltreffend te koördineer en 'n eenvormige tariefstelsel daar te stel. Skeepvaart[wysig | wysig bron] Die Ryn verbind Frankfurt am Main met die belangrike nywerheidsgebiede in Noordryn-Wesfale en Nederland, terwyl die Main-Donau-kanaal as 'n waterweg na die suidoostelike Sentraal-Europa dien. Terwyl Frankfurt se vroeëre Weshawe (Duits: Westhafen) intussen in 'n woon- en sakebuurt omgeskep is, hanteer die Ooshawe (Osthafen), die rivierhawe Gutleutstraße en die hawe van die nywerheidspark Höchst nog steeds skeepsvragte. In 2007 het 1 668 skepe Frankfurt se hawens aangedoen en is meer as 2,2 miljoen ton vrag gehanteer.[14] Elektroniese kommunikasie[wysig | wysig bron] Frankfurt am Main speel ook 'n belangrike rol in die nasionale en internasionale internetverkeer. Die stad huisves onder meer die grootste Duitse internet-knooppunt DE-CIX en die registrasiekantoor van DeNIC wat die topvlakdomein .de beheer. Volgens sy datavolume – dit hanteer tans 85 persent van die nasionale en 35 persent van die Europese internetverkeer[15] – is DE-CIX intussen die tweede belangrikste dataknooppunt ter wêreld.[16] Mediabedryf[wysig | wysig bron] Dagblaaie en ander gedrukte media[wysig | wysig bron] Frankfurt was een van die eerste stede ter wêreld waar dagblaaie uitgegee is. Tans het twee nasionale koerante hier hul hoofkwartiere. Die liberaal-konserwatiewe dagblad Frankfurter Allgemeine Zeitung (dikwels afgekort tot F.A.Z.) se redaksie en uitgewery is in die stadsdeel Gallus geleë, terwyl dié van die linksliberale Frankfurter Rundschau sedert Julie 2005 in Sachsenhausen gesetel is. Ook die Börsen-Zeitung, 'n ekonomiese dagblad wat gebeure op die effektebeurse dek, word in Frankfurt uitgegee. 'n Belangrike streekkoerant is die konserwatiewe is die Frankfurter Neue Presse waarvan die redaksie en uitgewery vlakby dié kantoorgebou van die F.A.Z. geleë is. In Frankfurt verskyn daarnaas die Russiestalige weekblad MK-Deutschland as susterblad van die Russiese koerant Moskofski Komsomolets. Naas die bogenoemde dagblaaie word ook 'n aantal tydskrifte in Frankfurt uitgegee. Die Journal Frankfurt is die bekendste tydskrif vir kulturele gebeurtenisse en feeste. Sy redaksie is in die stadsdeel Gallus geleë. Die uitgewery Öko-Test Verlag in Bockenheim spits hom op "ekologiese tydskrifte" toe waarvan Öko-Test die bekendste is. Die redaksie van Titanic, 'n satiriese tydskrif, is eweneens in Bockenheim gesetel. Die uitgewery Bund-Verlag in Heddernheim gee vaktydskrifte vir ondernemingsrade (Arbeitsrecht im Betrieb) en personeelrade (Der Personalrat) uit. Onderwys[wysig | wysig bron] Twee universiteite en 'n aantal ander tersiêre onderwysinstellings is in Frankfurt gesetel. Die bekendste en oudste universiteit, die Johann Wolfgang von Goethe-universiteit Frankfurt am Main, is in 1914 gestig en het tans vier kampusse in die stadsdele Bockenheim, Westend, Riedberg en Niederrad. In 1971 het 'n aantal akademiese instellings saamgesmelt om die Universiteit vir Toegepaste Wetenskappe (Fachhochschule Frankfurt am Main) te vorm wat hom veral op toegepaste ingenieurs- en ekonomiese wetenskappe toespits. Die Filosofies-Teologiese Skool Sankt Georgen is die oudste privaat tersiêre onderwysinstelling in Frankfurt. Dit word deur die Duitse Provinsie van die Jesuïete-orde bestuur en het sy kampus sedert 1926 in die stadsdeel Sachsenhausen. Ander privaat onderwysinstellings sluit die Frankfurt School of Finance & Management in Ostend en die Provadis School of International Management and Technology in Höchst in. Die Staatsskool vir Beeldende Kunste is in 1817 deur Johann Friedrich Städel as Städelschule in die lewe geroep. Dit is in 1942 omgeskep tot die Staatsskool vir Vrye Beeldende Kunste. Die Skool vir Musiek en Uitbeeldende Kuns is 'n privaat instelling wat in 1878 as musiekakademie in die lewe geroep is. Kultuur[wysig | wysig bron] Operahuise, konsertgeboue en teaters[wysig | wysig bron] Frankfurt pronk met 'n lewendige toneelbedryf. Die Stedelike Teaters (Städtische Bühnen) is 'n oorkoepelende liggaam wat verskillende instellings behels. Die Operahuis van Frankfurt is een van die bekendstes ter wêreld en is verskeie kere (onder meer in 2003) as die Operahuis van die Jaar aangewys. Die teater Schauspiel Frankfurt het in die 1960's veral danksy die akteur en regisseur Harry Buckwitz, wat as direkteur gefungeer het, bekendheid verwerf en het in die 1970's en 1980's opspraak gemaak deur die medeseggenskap wat akteurs en ander personeel by die bestuur van die teater gekry het. Die Alte Oper (Ou Operahuis), wat deur die Berlynse argitek Richard Lucae ontwerp en op 20 Oktober 1880 met 'n opvoering van Mozart se opera Don Juan in die teenwoordigheid van talle eregaste, waaronder keiser Wilhelm I, ingewy is, word algemeen as die mooiste konsertgebou in Duitsland beskou.[17] Die oprigting van die operahuis in die Neorenaissance-styl is deur plaaslike burgers befonds. Tydens die Tweede Wêreldoorlog is die gebou in 'n lugaanval vernietig en eers ná 'n dekades lange beslissingsproses heropgebou. Die eerste na-oorlogse opvoering is op 28 Augustus 1981 aangebied. Die operahuis beskik oor 'n indrukwekkende konsertsaal en is vandag een van die belangrikste musieksentrums in Europa. Ander bekende konsertgeboue in Frankfurt sluit die Jahrhunderthalle in die stadsbuurt Unterliedenbach, die Festhalle in Bockenheim en die Sendesaal van die Hessische Rundfunk (Hessiese Uitsaaikorporasie) in. Bekende boulevardteaters is die Komödie in die Neue Mainzer Straße en die Fritz-Rémond-Theater in die Zoo-Gesellschaftshaus. Die Volkstheater Frankfurt bied klassieke toneelstukke en eietydse dramas in die plaaslike dialek aan, terwyl die English Theatre die grootste Engelssprekende teater op die Europese vasteland is. Kabaret en kleinkunsteaters sluit die Tigerpalast, die Künstlerische Mousonturm, die Stalburg-Theater, die Gallustheater, die Schmiere in die Karmeliete-klooster (wat homself sedert 1950 ironies as die "slegste teater ter wêreld" beskryf), die Neue Theater in die stadsbuurt Höchst, die TiTS-Theater en die Dramatische Bühne in die Café Exzess in. Feeste[wysig | wysig bron] Die Museumsuferfest, wat sedert 1988 jaarliks gehou word, is 'n gekombineerde kultuur- en musiekfees. Dit is die grootste fees in die Ryn-Main-gebied en het in 2007 oor drie dae sowat 3,5 miljoen besoekers gelok. Elke Dinsdag ná Pinkster, die sogenaamde Wäldchestag ("Woudjiesdag"), word 'n volksfees in die Frankfurter Stadtwald, 'n bosgebied in Frankfurt, gehou. 'n Tweede volksfees, die sogenaamde Dippemess, word twee keer jaarliks van April tot Mei en nog eens in September gehou. Ander gewilde feeste is die Nacht der Museen ("Nag van die Musea") in April waartydens belangrike musea ook snags vir die publiek oop staan en sowat 40 000 besoekers lok, en die Nacht der Clubs ("Nag van die Klubs"). Die oudste verwysing na die Frankfurtse Kersmark dateer van 1393. Die mark word jaarliks in die Adventstyd in Desember gehou en is een van die grootste kersmarkte in Duitsland met jaarliks sowat drie miljoen besoekers. Vanaf die Mainkaai oor die Römerberg en Paulsplatz tot by die Zeil in die noorde is daar meer as 200 stalletjies. Dit is ook die tyd wanneer Glühwein (warm rooiwyn met speserye) en warm appelwyn in keramiekkoppies met tipiese Frankfurtse motiewe bedien word. Die Parade der Kulturen is 'n internasionale optog wat sedert 2003 jaarliks in die somer plaasvind. Die optog in die binnestad van Frankfurt simboliseer die kulturele verskeidenheid van Frankfurt se bevolking en is ook steeds 'n politieke betoging teen regse ekstremisme. Die optog het in 2007 30 000 besoekers gelok. Ander belangrike feeste wat gereeld gehou word, is die sportfees vir Down-sindroom-pasiënte, die Mainfees, die Rose- en Ligtefees, Christopher Street Day, die Fees op Frankfurt se Operaplein, die wynmark Rheingauer Weinmarkt en die Stoffchefest. Sommige van Frankfurt se stadsbuurte hou gereeld hul eie feeste soos die Höchster Schlossfest in Frankfurt-Höchst, die Berger Straßenfest in die stadsbuurt Bornheim of die Switserse Straatfees in Frankfurt-Sachsenhausen. Die Wolkekrabber-fees word nie gereeld gehou nie en het in Mei 2007 vir die eerste keer in ses jaar weer plaasgevind. Tydens die fees staan 15 wolkekrabbers in die stadsentrum oop vir die publiek. Die fees het in 2007 1,2 miljoen besoekers gelok en is vervolgens weer in 2010 gehou. Die musiekfees Sound of Frankfurt is in die jare tussen 1994 en 2004 gehou en het destyds sowat 500 000 jongmense gelok. Sport[wysig | wysig bron] Sowat 400 sportverenigings dek die meeste sportsoorte op alle vlakke, waaronder sokker (die klub Eintracht Frankfurt) en korfbal (Fraport Skyliners) op federale liga-vlak (Bundesliga), rugby en gholf. Groot sportgebeurtenisse lok duisende professionele en amateur-sportgeesdriftiges asook toeskouers, waaronder die fietswedren Rund um den Finanzplatz Frankfurt-Eschborn (vroeër Rund um den Henninger-Turm) wat jaarliks op 1 Mei gehou word, die Frankfurter City-halfmaraton in Maart, die Ironman Germany-maraton in die somer en die Frankfurtse Stadsmaraton in die najaar. Die groot verskeidenheid sportvelde en stadions sluit onder meer die Commerzbank-Arena (een van die stadions waar wedstryde van die Sokker-wêreldkampioenskap 2006 en FIFA se Wêreldbeker-sokkertoernooi vir vroue in 2011), die Eissporthalle (yssportstadion), die Fraport Arena, 'n perderenbaan, tennisvelde en gholfbane in. 'n Verskeidenheid boothuise vir roei- en kanoesportgeesdriftiges is langs die Main-oewer geleë. Die openbare swem- en pretbaddens word deur 'n munisipale onderneming, die BäderBetriebe Frankfurt GmbH, bestuur. Frankfurt is dieva hoofkwartier van 'n verskeidenheid nasionale sportverenigings, waaronder die Deutsche Olympische Sportbund (DOSB), die Nasionale Olimpiese Komitee (NOK), die nasionale Duitse sokkervereniging Deutscher Fußballbund (DFB), die gimnastiekvereniging Deutscher Turnerbund (DTB) en die motorsportvereniging Deutscher Motor Sport Bund (DMSB). Kookkuns[wysig | wysig bron] Spesialiteite[wysig | wysig bron] Danksy die groot aantal welvarende besoekers wat tydens die kroningsplegtighede van keisers en handelskoue na Frankfurt gestroom het, het daar reeds in die 17de en 18de eeu 'n hoogs ontwikkelde gastronomiese en hotelbedryf bestaan. In die 19de eeu is Frankfurt se kookkuns naas dié van Hamburg en Wene as leidend in Duitsland beskou.[18][19] Die eerste boek oor kookkuns is in 1573 in Frankfurt uitgegee, hier is in 1896 die eerste vereniging van sjefs gestig, die eerste kookkunsmuseum in 1909 gestig en die Internasionale Kookkunsuitstalling in die lewe geroep waaruit later die Kookolimpiade van die Wêreldvereniging van Sjefs (WACS) sou voortspruit. Een van die oudste en bekendste spesialiteite is die Frankfurter Würstchen of Frankfurtse worsies wat reeds sedert die Middeleeue van varkvleis gemaak word. 'n Tweede soort wors wat uit die 19de eeu dateer en van beesvleis gemaak word, is Frankfurter Rindswurst. Tot die vryheid van ambagte in 1864 ingevoer is, is slagtings tot een veesoort per week beperk. Aangesien vleis destyds nog nie verkoel of bevries kon word nie, kon daar ook geen vleisprodukte van verskillende soorte vleis vervaardig word nie. Tipiese geregte is Grie Soss, Hoogduits: Grüne Soße (Groen Sous, 'n sous met karringmelk, kwark, jogurt en kruie wat byvoorbeeld saam met aartappels bedien word), Frankfurter Rippchen of Rippchen mit Kraut (ribbetjies met suurkool) en die Handkäs mit Musik (Handkaas met Musiek. Plaaslike soetgebak sluit onder meer Frankfurter Brenten en Bethmännchen, Haddekuche ('n soort peperkoek) en Frankfurter Kranz in. Met die agteruitgang van die plaaslike wynbedryf in die 19de eeu het appelwyn, wat reeds sedert 1600 gemaak, maar aanvanklik geringgeskat is, 'n gewilde drank geword. Tans is daar nog net een wynbougebied, die Lohrberger Hang – een van die kleinste in die Rheingau-streek. Hier word jaarliks 10 000 bottels droë Riesling-wyn geproduseer wat in goeie jare as Spätlese (Laat-oes)-gehaltewyn bemark word. Frankfurt en sy omgewing is tans die tradisionele tuiste van die Duitse appelwyn (Duits: Apfelwein of Äbbelwoi in die plaaslike dialek). Appelwyn[wysig | wysig bron] Appelwyn is 'n vrugtewyn wat – mits hy op die juiste manier gepers word – 'n natuurproduk is en tussen 5 en 6 % alkohol bevat. Die aanbevole drinktemperatuur is 11 tot 14 °C.[20] Die tipiese Frankfurtse appelwyn word in teenstelling met ander soorte slegs van appels gepers. Daar word sowat 150 kilogram appels vir een hektoliter appelwyn benodig, en gewoonlik is dit plaaslike appelsoorte met 'n hoër suurgehalte soos Schafsnase, Trierer Weinapfel, Rheinischer Bohnapfel, Kaiser Wilhelm, Bittenfelder, Brettacher of Roter Boskoop.[21] Aangesien daar geen pere of ander vrugte bygevoeg word nie, het die plaaslike drank 'n vars en minder soet smaak. Die eerste drank, wat ná die appeloes in die najaar gepers word, word Süßer genoem – 'n troebel geel drank met 'n soet smaak. Die sap, wat teen die middel van Oktober in die wynvate gis, word Rauscher genoem. Die appelwyn het in Kersfeestyd genoeg gegis en word as Neuer Heller en later as Alter Heller geniet. Speierling is 'n variant van appelwyn wat met die sap van onryp vrugte van die sorbeboom (Duits: Speierlingbaum) vermeng word. Danksy die hoër suurgehalte word hierdie soort appelwyn klaar en gepreserveer. Appelwyn word in Frankfurt in al sy stadia van rypwording geniet, en die plaaslike dialek verwys met verskillende terme na die drank soos byvoorbeeld Äppelwoi/Äbbelwoi, Äppler, Ebbelwoi, Ebbelwei, Schoppe en Stöffche. Susterstede[wysig | wysig bron] - Lyon, Frankryk, sedert 1960.[22] - Birmingham, Verenigde Koninkryk, sedert 1966.[22] - Deuil-la Barre, Frankryk, sedert 1967.[22] - Milaan, Italië, sedert 1970.[22] - Kaïro, Egipte, sedert 1979.[22] - Tel Aviv, Israel, sedert 1980.[22] - Guangzhou, China, sedert 1988.[22] - Toronto, Kanada, sedert 1989.[22] - Boedapest, Hongarye, sedert 1990.[22] - Leipzig, Duitsland, sedert 1990.[22] - Praag, Tsjeggië, sedert 1990.[22] - Granada, Nicaragua, sedert 1991.[22] - Krakau, Pole, sedert 1991.[22] - Doebai, Verenigde Arabiese Emirate, sedert 2005.[22] - Jokohama, Japan, sedert 2011.[22] - Eskişehir, Turkye, sedert 2013.[22] - Philadelphia, Verenigde State, sedert 2015.[23] Verwysings[wysig | wysig bron] - Statistik Hessen: Die Bevölkerung in hessischen Gemeinden am 30.09.2018. Besoek op 6 Maart 2019 - www.fraport.de, 14 Januarie 2019: Fraport-Verkehrszahlen 2018: Mehr als 69,5 Millionen Passagiere am Flughafen Frankfurt. Besoek op 6 Maart 2019 - Orth, Elsbet: Frankfurt am Main im Früh- und Hochmittelalter. In: Frankfurter Historische Kommission (reds.): Frankfurt am Main – Die Geschichte der Stadt in neun Beiträgen. Sigmaringen: Jan Thorbecke Verlag 1991, bl. 11. ISBN 3-7995-4158-6 - ( ) "Ausgabe der Klimadaten: Monatswerte". - www.frankfurt.de: Ekonomie ( ) - [_id_inhalt=17166 www.frankfurt.de: Globaler Marktplatz] - www.frankfurt.de: Statistik aktuell Nr. 33/2011 - Frankfurter Neue Presse, 31 Augustus 2018:Ende September wird die neue Altstadt gefeiert. Besoek op 1 November 2018 - www.altfrankfurt.com: Die domkerk - www.altfrankfurt.com: Die domkerk - www.fraport.de: Über uns. Besoek op 6 Maart 2019 - [_id_inhalt=3390199 www.frankfurt.de: Frankfurt Airport. Besoek op 28 Maart 2015] - Amptelike webtuiste van Frankfurt Hahn Airport - frankfurt-interaktiv.de: Frankfurt am Main in Zahlen und Fakten - frankfurt-interaktiv.de: Frankfurt am Main in Zahlen und Fakten - Frankfurt as die hoofstad van telekommunikasie - Baedeker Allianz Reiseführer: Frankfurt am Main. 12de uitgawe. Ostfildern: Karl Baedeker 2011, bl. 130 - Wolfgang Klötzer: Zu Gast im alten Frankfurt. München: Heinrich Hugendubel 1990 - Norbert Brieke: Köstlichkeiten aus Frankfurts Küche und Keller. Frankfurt am Main: Waldemar Kramer 1991 - Apfelwein- das Frankfurter Nationalgetränk - Apfelwein – das Frankfurter Nationalgetränk - ( ) frankfurt.de: Partnerstädte. URL besoek op 17 Junie 2015. - ( ) stvv.frankfurt.de: Begründung einer Städtepartnerschaft mit Philadelphia (USA), 9 Februarie 2015. URL besoek op 17 Junie 2015. Eksterne skakels[wysig | wysig bron] Wikimedia Commons bevat media in verband met Frankfurt am Main. | Geskiedenis Argitektuur - altfrankfurt.com – 'n Elektroniese koffietafelboek met foto's van die Middeleeuse stadskern - docomomo.de: Frankfurtse argitektuur in die 1920's – Fotogalery - Die heropbou van Frankfurt ná die Tweede Wêreldoorlog - Wolkekrabbers in Frankfurt am Main - Stephan Boehm-Ott: Die stadshorison van Frankfurt. In: Forum Wissenschaft nommer 1/2001 Media
<urn:uuid:b4d47893-7530-4eb2-95c5-ec2faea15bef>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Frankfurt
2019-07-21T23:48:32Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527396.78/warc/CC-MAIN-20190721225759-20190722011759-00079.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999892
false
Magadan Jump to navigation Jump to search - Vir ’n artikel oor die oblast met dieselfde naam, sien Magadan-oblast. Magadan Магадан | Magadan gesien vanaf die plaaslike berge | ||| Die ligging van Magadan-oblast in Rusland | ||| Koördinate: Koördinate: | ||| Land | Rusland | || ---|---|---|---| Deelgebied | Magadan-oblast | || Stigting | 1929 | || Regering | ||| - Tipe | Stad-okroeg | || - Burgemeester | Sergei Abramof | || Oppervlak | ||| - Stad | 180 km² (69,5 vk m) | || Bevolking (2013) | ||| - Stad | 95 048 | || Tydsone | UTC+12:00 (UTC) | || Webwerf: http://www.magadangorod.ru/ |
<urn:uuid:bd0693a6-ffbb-477d-b422-a0c4922dead1>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Magadan
2019-07-21T23:22:42Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527396.78/warc/CC-MAIN-20190721225759-20190722011759-00079.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.933114
false
Takuji Yonemoto Jump to navigation Jump to search Persoonlike inligting | ||| ---|---|---|---| Geboortenaam | Takuji Yonemoto | || Gebore | 3 Desember 1990 | || Geboorteplek | Itami, Hyōgo, Japan | || Lengte | 1,77 m | || Speelposisie | Middelveldspeler | || Klubinligting | ||| Huidige klub | FC Tokyo | || Nommer | 7 | || Jeugloopbaan | ||| 2006–2008 | Itami High School | || Seniorloopbaan* | ||| Jare | Span | Kere† | (Doele)† | 2009– | FC Tokyo | 192 | (5) | 2017 | → FC Tokyo U-23 (leen) | 10 | (0) | Nasionale span‡ | ||| 2007 | Japan U-17 | 2 | (0) | 2010–2015 | Japan | 1 | (0) | * Kere vir seniorklub uitgedraf en doele is net vir die plaaslike liga. en korrek soos op 20 Februarie 2018. † Kere uitgedraf (Doele). | Internasionale loopbaan[wysig | wysig bron] Jaar | Wedstryde | Doelpunte | ---|---|---| 2010 | 1 | 0 | Totaal | 1 | 0 |
<urn:uuid:f3f47a6d-ae9c-4294-b496-263bd25a8453>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Takuji_Yonemoto
2019-07-21T23:32:28Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527396.78/warc/CC-MAIN-20190721225759-20190722011759-00079.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.951941
false
24 Januarie 2016 Pinelands – Epifanie 3 Prediker: Dr Tiana Bosman As ons terugblaai in Lukas sien ons iets van Jesus se lewe voor die gebeurtenis wat ons vandag gaan lees. Hy het in Nasaret grootgeword. As kind het hy elke jaar saam met sy ouers na Jerusalem toe gegaan vir die Pasga. Toe hy twaalf jaar oud was het hy, sonder sy ouers se medewete (die reisgeselskap was groot) na afloop van die fees in Jerusalem agtergebly. Drie dae later het sy ouers hom eers gevind – in die tempel waar hy tussen die leermeester gesit en na hulle geluister en vir hulle uitgevra het. Van kindsbeen af openbaar hy ‘n belangstelling in die teologie. Toe sy ouers met hom raas omdat hy hulle so groot laat skrik het, was sy antwoorde: “Waarom het julle my gesoek? Het julle nie geweet dat ek met die dinge van my Vader besig moet wees nie?” Hulle het nie verstaan wat hy gesê het nie. Etlike jare later kondig Johannes die Doper die koms van die Messias aan, doop hy vir Jesus in die Jordaanrivier, en daal die Gees soos ‘n duif op Jesus neer met ‘n stem uit die hemel wat sê: Jy is my geliefde Seun. Oor jou verheug Ek my.” Hierdie geleentheid by die rivier was Jesus se inhuldiging, sy inlywing tot die bediening. Vandag word teologie student na afloop van hul studies gelegitimeer en daarna georden as predikante. Jesus het die doop van sondaars ontvang en die Gees het op hom neergedaal. Vol van die Heilige Gees het Jesus van die Jordaan af weggegaan en is deur die Gees die woestyn in gelei waar Hy wir veertig dae deur die duiwel versoek is. Ons kan dit sy vuurproef noem – na sy inhuldiging/legitimasie word Hy dadelik in die diep kant ingegooi en getoets – of Hy werklik reg is vir sy roeping, of Hy weet wat dit vra, of Hy die regte keuses sal maak as die versoekings voor Hom kom. Jesus het elke toets geslaag. Dan lees ons Lukas 4: 14-30… Vs 15: Oënskynlik ‘n suksesvolle bediening. Vs 16 ev: Weerspieëling van ‘n tipiese eerste-eeuse diens in die sinagoge: Die manne woon die diens by en resiteer die Shema. Daarna bid een van die gemeentelede die Tephillah. Hierna lees verskeie mans gedeeltes uit die Torah. Eers dan staan (uit respek vir die teks) die rabbi/prediker van die dag op, hy lees ‘n gedeelte uit die Profete, gaan sit weer na sy voorlesing en preek terwyl hy sit. Die diens word afgesluit deur ‘n priester wat die seën uitspreek. Heel laaste deel die bestuurder van die sinagoge take aan verskillende gemeentelede uit. Die bestuurder van die sinagoge was die persoon wat toesig gehou het oor die ordelike verloop van die diens en wat omgesien het na die algemene administrasie van die sinagoge. Jesus tree op as Rabbi by hierdie diens. Hy gaan uit die Profete lees en preek. Sy eerste/intreepreek in sy tuisdorp. Die mense is nuuskierig om te hoor wat Hy gaan sê, hierdie jongman wat voor hulle oë grootgeword het. Vs 18: Lees uit Jesaja. Vs 19: Die genadejaar – die jubeljaar, elke 50 jaar die jaar van bevryding en verlossing, ‘n nuwe begin. Die gemeente maak die gedeelte oënskynlik dadelik op hulle van toepassing, soos ons mos geneig is om te doen met ‘n teks in die Bybel. Hulle hou van wat hulle hoor. Hulle weet wat dit beteken om alles te verloor, om gevangenes en onderdruktes te wees. Hulle het ook al gehoor van sy wonderwerke – hoedat Hy mense genees en blindes laat sien. Vs 21: Sy preek begin… Vs 22: Aanvanklik aangenaam verras, maar kort daarna skop die skeptisisme in. Kan hy hierdie goeie nuus verkondig en op homself van toepassing maak? Op grond van watter gesag doen hy dit? Hy is dan maar net die seun van die timmerman Josef. Moet hy nie eerder kaste gaan bou as preek nie? Wie dink hy nogals is hy dat ons na hom hoef te luister?s V 23: Jesus preek verder en hy ontbloot die onuitgesproke, kritiese gedagtes van die gemeente: “Dis op die punt van julle tonge om vir my te sê “Geneesheer, genees jouself…” “Rabbi Jesus, jy sal met uithaal en wys. Ons wil nie net woorde hoor nie, ons wil wonderwerke sien voordat ons oortuig sal wees. Dieselfde wonderwerke wat jy in Kapernaum gedoen het. Jy wat soveel ander mense genees het, genees nou jou eie nederige reputasie hier in Nasaret ook. Bewys vir ons dat jy nie maar net die seun van Josef is soos ons jou geken het nie. Ons wil sien dat daar meer in jou steek voordat ons jou preke ernstig kan neem.” Vs 24: Jesus staan nie terug nie. Hy gee hulle sowaar nie wat hulle vra nie (‘n wonderwerk), maar hy gaan aan met preek. Tog duidelik nie om hulle tevrede te stel nie. Hulle dink hulle kritiseer net die boodskapper en nie die boodskap nie, maar nou gaan Jesus vir hulle sê dat die goeie nuus van die boodskap ook nie noodwendig vir hulle, die Israeliete, bedoel is nie, maar vir ander volke! “Ek sê vir julle…” Vs 25-27: En dan gaan Jesus nog verder met die radikale boodskap dat die teks van die dag (Jesaja 61 en 58) nie noodwendig op die Jode van toepassing is nie, maar dalk eerder op die ander volke wat veronderstel is om buite die beloftes en die genade van God te leef. Die Jode soek ‘n boodskap van verlossing vir hulle (uitsluitlik) en vergelding teenoor hulle vyande, die onderdrukkers, maar Jesus sit sy preek voort deur voorbeelde uit die geskiedenis te gebruik waar dit juis die ander volke was wat verlossing en genesing ervaar het terwyl die Israeliete weggekwyn het! Hy belig sy preek met die verkeerde voorbeelde. Aanmanings teenoor die gemeente en genade vir diegene daar buite, die wat nie hoort nie, die vyande, selfs! Sy sirkel van mense wat binne die dampkring van die genade hoort, het te groot geword. Dít is nie wat die gemeente wil hoor nie. 28: “Toe hulle hierdie dinge hoor, het almal in die sinagoge woedend geword.” Swak preek, seun van Josef! Teleurstellend! 29: Hulle het opgespring en Hom uit die stad gedryf want hulle wou die lynchwet toepas – om hom dood te maak oor ‘n oënskynlike oortreding sonder dat daar ‘n verhoor was (waarskynlik te stenig soos Stefanus in Hand 7). Met Jesus se intreepreek in sy tuisdorp het die nie goed gegaan nie. Die feit dat die gemeente hom nie letterlik gestenig het nie, beteken nie dat hulle dit nie figuurlik gedoen het nie. Hy is daar weg en het elders sy bediening van bevryding en genesing en goeie nuus voortgesit (4: 31-32, 38, 42-44). Vs 21: VANDAG, hier en nou, nie eendag nie. Ons lewe nie in die eendag nie, maar in die NOU. In Jesus het die koninkryk van God naby gekom, aarde toe gekom. Die boodskap van verlossing wat Hy verkondig en beliggaam, is nie (net) bedoel vir eendag nie, maar vir vandag en vir elke dag. Ons moet versigtig wees om alles wat Jesus gepreek en gedoen het te vinnig te vergeestelik. Ook as ons kyk na Maslow se hierargie van behoeftes – iemand wat fisies hongerly of koud kry kan nie dink aan geestelike behoeftes nie. Eers wanneer jou basiese behoeftes bevredig is, het jy die luuksheid om oor geestelike behoeftes te besin. Om daar buite vir die armes en die eensames te bid beteken absoluut niks as ons hulle nie help in hulle nood en besoek in hulle eensaamheid nie. Moet daarom nie vir iemand bid wat vir jou kos vra nie – Gee eers genoeg kos en klere en genesing, as jy kan, en bid dan daarna as jy wil. Jesus het ook gebid, maar baie van sy gebede hy in afsondering gebid, nadat hy die mense se fisiese nood verlig het (Luk 4:42?; 5: 16). Die WWJD (What would Jesus do) slagspreek. Ons kan nie bloot bid vir ‘n probleem as ons nie bereid is om aktief deel van die oplossing te wees nie. Ons kan bv nie tydens die huidige droogte in SA bid vir verlossing as ons nie bereid is om deel te wees van ‘n projek soos die ngdroogtehulp.co.za projek nie. NG Droogtehulpfonds Staan tans op R 279 600 Doelwit: R 2 Miljoen Individueel as lidmate, maar ook gesamentlik as gemeente… Dit is om die goeie nuus te verkondig… Kopiereg: Hierdie werk deur Dr Tiana Bosman word gelisensieer onder ‘n “Creative Commons Attribution-NonCommercial-NoDerivs 2.5 South Africa License”.
<urn:uuid:09a85505-e000-40b5-8405-6fd3988a5431>
CC-MAIN-2019-30
http://www.pinelandsngkerk.org/2016/01/
2019-07-23T05:22:38Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00239.warc.gz
by-nc-nd
2.5
a_tag
false
false
{ "abbr": [ "by-nc-nd", "by-nc-nd", "by-nc-nd", "by-nc-nd", "by-nc-nd", "by-nc-nd" ], "in_footer": [ false, false, false, false, false, false ], "in_head": [ false, false, false, false, false, false ], "location": [ "a_tag", "a_tag", "a_tag", "a_tag", "a_tag", "a_tag" ], "version": [ "2.5", "2.5", "2.5", "2.5", "2.5", "2.5" ] }
false
false
Latn
afr
1.00001
false
Alan Paton Alan Paton | | Geboortenaam | Alan Stewart Paton | ---|---| Gebore | 11 Januarie 1903 Pietermaritzburg, Natal | Oorlede | 12 April 1988 Botha's Hill, Natal | Nasionaliteit | Suid-Afrika | Beroep | Skrywer, politikus | Bekend vir | Cry, the Beloved Country | Paton is op 11 Januarie 1903 in Pietermaritzburg gebore en studeer aan die plaaslike kollege asook aan die Universiteit van Natal. Hy het begin belangstel in maatskaplike werk en word aangestel as hoof van die Diepkloof-verbeteringskool naby Johannesburg in 1935, waar hy merkwaardige resultate in die hervorming van jeugmisdadigers behaal. Die tema van rasseskeiding staan sentraal in die meeste van sy werke en hy het die CNA-prys vir letterkunde 2 keer ontvang. Hy was die oudste kind van James Paton, 'n snelskrifskrywer by die Hooggeregshof, en Eunice Warder James, 'n onderwyseres. Hy het sy hoërskoolopleiding aan die Maritzburg College ontvang en is daarna na die Natal University College, waar hy in die wiskunde en wetenskap gestudeer het met die oog op 'n loopbaan in die onderwys. In 1928 is hy met Dorrie Lusted getroud en 2 seuns is uit die huwelik gebore. Gedurende die tyd het Paton betrokke geraak by 'n Britse godsdienstige beweging, Toc H, wat hom beywer het vir 'n versoening tussen botsende bevolkingsgroepe. Hoewel Paton 'n groot kampvegter vir die Afrikaners was, Afrikaans leer praat het en aan die eeufeesvierings ter herdenking van die Groot Trek in 1938 deelgeneem het, het die sege van die Nasionale Party in 1948, en veral die party se beleid van apartheid, hom ontstel. Hy het hom sterk teen hierdie partybeleid verset en was in 1953 die medestigter van die Liberale Party, wat in 1968 ontbind is. Hy het ook lank as voorsitter van die party opgetree. In die tyd het hy 'n rubriek in die tydskrif Contact behartig. Hierdie bydraes en sommige van sy politieke toesprake is in 1968 gebundel en onder die titel The long view gepubliseer. Hy het onder meer ook in die VSA lesings oor die toestande in Suid-Afrika gegee. ʼn Tyd lank was hy ook ere-ondervoorsitter van die studente-organisasie Nusas. Eredoktorsgrade is deur verskeie universiteite (Rhodes, Natal, Witwatersrand, Yale en die Kenyon-kollege in die VSA) aan hom toegeken. Die roman wat hom wêreldberoemd gemaak het, Cry, the Beloved Country, verskyn in 1948, toevallig ook die jaar wat die Nasionale Party die bewind oorneem en met die beleid van apartheid begin. Die roman het wêreldwye aandag op die lot van swart Suid-Afrikaners gevestig. Dit word gevolg deur talle ander werke, onder meer "Too Late the Phalanrope", "Hofmeyr" oor die eertydse adjunk- eerste minister en 'n outobiografie in twee dele. Paton was medestigter van die Liberale Party en is in 1960 tot president van die party verkies, 'n pos wat hy beklee tot en met die party se gedwonge ontbinding in 1968, toe dit verplig is om net lede van 'n enkele ras te aanvaar.[verwysing benodig] Hy het ook wyd lesings aangebied, onder meer in die V.S.A. Sy paspoort is in 1960 ingetrek weens die menings wat hy oor die apartheidsregering gehuldig het.[1] BibliografieWysig - 1948: Cry, The Beloved Country (in 1951 deur Zoltan Korda verfilm) - 1950: Lost in the Stars, met Maxwell Anderson, deur Kurt Weill op musiek getoonset - 1953: Too Late the Phalarope - 1955: The Land and People of South Africa - 1956: South Africa in Transition - 1960: Debbie Go Home - 1961: Tales from a Troubled Land - 1964: Hofmeyr - 1965: South African Tragedy - 1965: Spono, met Krishna Shah - 1967: The Long View - 1968: Instrument of Thy Peace - 1969: Kontakio For You Departed, ook For You Departed - 1972: Case History of a Pinky - 1973: Apartheid and the Archbishop: the Life and Times of Geoffrey Clayton, Archbishop of Cape Town - 1975: Knocking on the Door - 1980: Towards the Mountain - 1981: Ah, but Your Land is Beautiful - 1988: Journey Continued: An Autobiography - 1989: Save the Beloved Country - 2008: The Hero of Currie Road: the complete short pieces VerwysingsWysig - Herbert Mitgang (13 April 1988). "Alan Paton, Author Who Fought Against Apartheid, Is Dead at 85". The New York Times. New York. Besoek op 8 Mei 2012. BronneWysig - Wêreldspektrum, 1982, ISBN 090840963X, volume 22, bl. 115 - Mostert, J.P.C., Politieke Partye in Suid-Afrika, Instituut vir Eietydse Geskiedenis, U.O.V.S., Bloemfontein, 1986. - Saunders, Christopher C. (raadgewende red.), An Illustrated Dictionary of South African History, Ibis Books and Editorial Services cc, Sandton, 1994.
<urn:uuid:ed31fc7a-c08c-4e58-b528-751d1c51f9f5>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Alan_Stewart_Paton
2019-07-23T04:40:17Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00239.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999853
false
Maak hoofkeuseskerm oop Soek Wysigings ← Ouer wysiging Nuwer wysiging → 1912 (wysig) Wysiging soos op 10:59, 8 September 2018 21 grepe bygevoeg , 10 maande gelede →Sterftes : kat * [[20 Augustus]] – [[William Booth]], 'n evangelis en stigter van die Heilsleër (* [[1829]]). [[Kategorie:1912| ]] [[Kategorie:20ste eeu]] Wwikix 17 808 wysigings Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/1791260 "
<urn:uuid:08981692-7613-4392-9945-837ef5e3bdbe>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/1791260
2019-07-23T05:50:57Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00239.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.995864
false