Dataset Viewer
Auto-converted to Parquet Duplicate
id
stringlengths
1
6
url
stringlengths
31
181
title
stringlengths
1
117
text
stringlengths
12
215k
2
https://af.wikipedia.org/wiki/Afrika
Afrika
Afrika Afrika is die wêreld se tweede grootste kontinent (na Asië) in sowel oppervlakte as bevolking. Saam met die eilande beslaan dit ongeveer 30 221 532 km² wat 20,3% van die totale landoppervlakte van die aarde is en dit word bewoon deur meer as 1 miljard mense – ongeveer 'n sewende van die wêreldbevolking. Lande Tale Die meeste amptelike tale van Afrika is Indo-Europese tale soos Frans, Engels, Portugees, Spaans en Afrikaans. Frans: Benin, Burkina Faso, Burundi, Demokratiese Republiek van die Kongo, Djiboeti, Gaboen, Guinee, Ivoorkus, Kameroen, Mali, Madagaskar, Mauritanië Niger, Republiek van die Kongo, Rwanda, Senegal, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Sierra Leone, Togo en Tsjad. Engels: Botswana, Gambië, Ghana, Kenia, Lesotho, Liberië, Malawi, Namibië, Nigerië, Soedan, Suid-Afrika, Suid-Soedan, Swaziland, Tanzanië, Uganda, Zambië, Zimbabwe. Portugees: Angola, Ekwatoriaal-Guinee, Kaap Verde en Mosambiek. Spaans: Ekwatoriaal-Guinee en Wes-Sahara. Afrikaans: Suid-Afrika (en Namibië tot 1990) Duits: Namibië (tot 1990) Naas hierdie Indo-Europese tale word daar ook verskillende Afrikatale gepraat. Hulle is onderverdeel in Afro-Asiaties, Niger-Kongo, Khoisan, Nilo-Sahariese en Austronesies. Geografie Die hoogste punt van Afrika is Kilimandjaro, 5895 m bo seevlak en die laagste punt is die Assalmeer, 155 m onder seevlak. Die Saharawoestyn is in die noorde van Afrika terwyl die Groot Skeurvallei in Oos-Afrika is. Die grootste rivier is die Nylrivier en die grootste meer is die Victoriameer. Die grootste land volgens oppervlakte is Algerië en volgens bevolking Nigerië. Afrika, wat 'n oppervlakte van ruim 30 miljoen km² beslaan, is na Asië en die Amerikas die derde grootste vasteland ter wêreld. Hoewel die ewenaar Afrika feitlik reëlreg in die helfte sny, dit is nou van noord na suid gesien, lê sowat twee derdes van die landmassa in die Noordelike Halfrond. Verreweg die grootste deel, meer as twee deer­des, lê tussen die Kreefskeerkring en die Steenbokskeerkring, en maak van Afrika die mees tropiese van alle vastelande. Afrika-skild Kenmerkend van Afrika is die algemene plat voorkoms van die landskap. Die grootste deel van die vasteland bestaan uit valleie en hoë plato's, met enkele heuwels en berge wat bokant die landskap uittroon. Die byna plat voorkoms van die landoppervlakte kan toegeskryf word aan die hoe ouderdom van 'n groot deel van die kontinent. Afrika bestaan uit 'n geweldig groot deel oeroue gesteentes wat in die verre verlede die diepliggende dele van die berge gevorm het. Met verloop van tyd het die berge deur verwering weggeslyt, behalwe waar daar baie harde gesteentes naby die oppervlak was, wat meer weerstand teen erosie kon bied. Só 'n ou geologiese vorming word 'n skild genoem. Daar is talle aanduidings dat die Afrika-skild, sowel as soortgelyke geologiese skilde soos dié in Suid-Amerika, Australië, Indië en Antarktika, oorspronklik een groot vasteland, naamlik Gondwanaland, gevorm het. Die vastelande het stadig uitmekaar gedryf tot in hul huidige posisies op die aardbol. Volgens die teorie was die eiland Madagaskar, eers deel van Afrika (Plaattektoniek). Weens verskeie vertikale bewegings is die Afrika-skild verdeel in 'n aantal skolle of verskuiwingsblokke, elk met 'n skoffelvormige bovlak, met 'n versonke middelste vlak. In Suider-Afrika is die plato's of tafellande hoër as die verder noord. Die gemiddelde hoogte in die suidelike deel van die kontinent is sowat 1 000 meter bo seespieël, terwyl die Drakensberge, wat 'n opvallende "skottelrand" het, hoër as 3 000 m is. Die Kongo-bekken lê sowat 300 meter bo seespieël, terwyl sy kante omtrent 1 000 meter hoog is. Noord van die bekken is die gemiddelde hoogte laer. Die diepste deel van die Sahara-bekken lê onder seespieël. Afrika kan dus gesien word as 'n reeks plato's en valleie wat trapsgewys van suid na noord daal, met net enkele natuurlike grense tussenin. Slenkvalleis en vulkane In die oostelike dele van Afrika het reuse-breuk­ vormings, saam met vulkaniese uitbarstings, die landskap heeltemal verander. Hier is die landmassa letterlik "gebreek". So het lang en diep valleie (slenke) gevorm, wat deel vorm van 'n slenkstelsel wat van die Jordaanvallei, deur die Rooisee en Ethiopië, na die Shire-vallei in Mosambiek loop. In Oos-Afrika verdeel die slenkstelsel in twee takke waar tussen die aardkors opgedruk is. Op die plato lê die groot, maar vlak Victoriameer (skaars 80 m diep). Die westelike een van die twee groot slenkdale, naamlik die Groot Skeurvallei, kan duidelik op 'n kaart herken word omdat dit só 'n reeks smal, diep mere gevorm het van noord na suid kry 'n mens die Albertmeer, die Edwardmeer, die Kivumeer, die Tanganjikameer en die Malawimeer (Njassameer). Die oostelike lyn, wat sy beginpunt by die seestraat van Bab-el-Mandeb het, is met die eerste oogopslag nie so maklik herkenbaar nie. Die grootste meer wat hier gevorm het, is die Turkanameer, voorheen bekend as die Rudolfmeer. Hoewel vulkaniese werkinge nog nie heeltemal uitgewoed is nie, het dit vandag nie naastenby die omvang en intensiteit wat dit voorheen gehad het nie. Daarvan getuig die groot, uitgewerkte vulkane wat tot vandag toe Afrika se hoogste berge is. Die hoogste berg is Kilimandjaro naby die grens tussen Kenia en Tanzanië. Dit is 5 895 m hoog. Hoewel dit in die middel van die tropiese gebied geleë is, is dit ewigdurend ook met sneeu bedek. Ander uitgewerkte vulkane is Berg Kenia (5 199 m) en die Elgon­-gebergte (4 321 m), onderskeidelik in Kenia en op die grens tussen Kenia en Uganda. 'n Ander belangrike bewys van vulkaniese werkinge bestaan in die vorm van die lawa-afsettings wat groot oppervlaktes in Ethiopië en die hooglande van Oos-Afrika bedek. Kameroenberg in Wes-Afrika is deur 'n soortgelyke proses gevorm, maar op 'n kleiner skaal: in dié gebied het vulkaniese werkinge 'n groter rol gespeel as breukvorm­ing, en die opstoot van aardkorsdele na bo. Kameroenberg loop tot onder die see deur. Daarvan getuig die eilandreeks Fernando Po, Principe, Sao Tomé en Annobón. Die vorming van bergreekse deur plooiing van die aardkors in die latere geologiese tydperke, het weinig invloed op Afrika gehad, meestal ook net aan die noordelike en suidelike rande. Hierdeur het die Atlasgebergte in die noordweste gevorm, heel waarskynlik in ongeveer dieselfde tyd as wat die groot bergreekse in Eurasië gevorm is. Riviere en mere Behalwe vir die Atlasgebergte met sy talle klein riviertjies, toon die waterverspreidingspatroon van Afrika 'n baie duidelike patroon wat ooreenstem met die relatief eenvoudige struktuur van die vasteland. Daar is 'n paar groot ri­vierbekkens, asook etlike bekkens wat nie na die see uitloop nie. Sowat een derde van Afrika se water loop nie uit na die see weens die geringe reënval. Dit geld vir die Sahara én die Kalahari én die hoogliggende droë plato's in Suid-Ethiopië en Noord-Kenia. Die riviere in die beskutte Oos-Afrika-bekken vloei uit in die Turkanameer. Aangrensend aan die Sahara en die Kalahari lê die groot moerasagtige mere, naamlik die soet Tsjadmeer, wat waarskynlik ondergronds deur soetwaterstrome gevoed word en die Okavangomoerasse, wat weens 'n verdampingsproses soutwater bevat. Belangrike rivierbekkens is die Nylbekken, die Kongo-bekken, die stroomgebied van die Niger in Wes-Afrika, die Zam­bezi in die suidooste, en die Oranjerivier in Suider-Afrika. In die algemeen is die riviere minder belangrik vir skeepvaart. Die Niger- en die Oranjerivier is byvoorbeeld in die droë seisoen te vlak vir skeepvaart. Die water van die Oranjerivier bereik selfs nie eers gedurende die hele jaar deur die see nie. Verder het die kenmerkende platovoorkoms van Afrika tot gevolg dat die meeste riviere juis by die kus waar die platorand skielik ophou, opskiet bo 'n smal kusvlakte en watervalle of stroomversnellings tot gevolg het. Riviere vorm ook watervalle teen die kante van die plato's in die binneland waarvan talle baie indrukwekkend is. Afrika se beroemdste waterval is die Victoria-waterval op die grens tussen Zambië en Zimbabwe waar die water van die Zambezi 100 m na benede stort. Een voordeel van dié stapsgewyse afdaling van die Afrika-rivierbeddings, is dat daar op die vasteland talle geleenthede bestaan vir hidroëlektriese kraginstallasies. Klimaat en natuurlike plantegroei Omdat die ewenaar deur die middel van Afrika loop, is die patroon van die klimaat en plantegroeistreke wat in die Noordelike Halfrond le, in 'n groot mate dieselfde as in die Suidelike Halfrond. Dat dit nie heeltemal dieselfde is nie, kan toegeskryf word aan die feit dat die noordelike deel baie wyer is, en net deur diesmal Rooi See van Eurasië se landmassa geskei word, terwyl die invloed van die Indiese Oseaan tot diep in die binneland van Suider-Afrika waargeneem kan word. Die belangrikste verskil tussen die noorde en die suide is dat die wêreld se grootste woestyn, die Sahara, in die Noordelike Halfrond is, terwyl die woestyngebiede van Suider-Afrika (die Namib en die Kalahari) baie kleiner is. Die simmetrie van die noordelike en suidelike helftes word ook verbreek deur die hoe plato's, en dit beïnvloed ook die reënvalpatroon en temperatuur. Behalwe vir die verskille tussen die hooglande en die laerliggende dele, word die klimaat verskille van Afrika hoofsaaklik bepaal deur verskille in reënval en nie deur verskille in temperatuur nie. Temperatuur speel natuurlik ook 'n rol, maar (behalwe by die hoogste bergpieke) verander dit nie die algemene toestand dat Afrika regdeur die jaar warm bly. In die tropiese dele van Afrika word die seisoenverskille in reënval bepaal deur die ekwatoriale laag-drukstelsel wat 'n baie hoër reënvalsyfer tot gevolg het. In die winter (somer in die Noordelike Halfrond), beweeg die reënsone noord en in die somer van die Suidelike Halfrond (winter in die Noordelike Halfrond) beweeg dit suid. 'n Strook weerskante van die ewenaar bly regdeur die jaar onder die invloed van die reëngordel. 'n Breë sone aan weerskante van hierdie gordel ken 'n baie droë en 'n baie nat seisoen. Vir 'n gedeelte van die jaar heers daar dan 'n tropiese reënklimaat, terwyl dit die res van die jaar oorwegend droog is. Hierdie streek word dan beïnvloed deur die droë luggordels noord en suid van die vogtige ekwatoriale sone wat gedurende die loop van die jaar van noord na suid verskuif. Hoe verder daar, van die ewenaar beweeg word, hoe langer word die droë seisoen, omdat die reënstrook sy invloed vir 'n steeds korter tyd uitoefen. Die oorgang van vogtige na droë klimaat is gewoonlik geleidelik omdat daar geen topografiese grense is wat een klimaatsones van 'n ander skei nie. Om dieselfde rede is die klimaat wisselvallig, veral in die droër seisoene. Die reëngordel beweeg nie volgens riglyne nie, omdat dit nie deur topografiese kenmerke gelei ward nie. Daarom is die begin van die reënseisoen moeilik voorspelbaar een jaar is dit vroeg, die volgende jaar laat. Soms val daar baie reën, dan weer minder. Die sones met wisselende droë en nat seisoene beweeg geleidelik oor na die woestyngebiede waar 'n stortbui baie selde voorkom. In die suidelike deel van die vasteland is die woestyn relatief klein. Die Namibwoestyn, wat aan die kus van Namibië lê, is uiters droog. Die Kalahari in Botswana is in der waarheid eerder 'n halfwoestyn. Die reusagtige Sahara in die noorde word elke jaar steeds groter en brei veral na die suide uit omdat baie min reën voorkom. Dit vorm deel van 'n droëgordel wat tot diep in Asië strek. 'n Middellandse Seeklimaat, 'n klimaat wat bestaan uit droë, warm somers, en koeler winters wanneer die meeste reën voorkom, oorheers in die noordweste en die suidelike grensgebiede van Afrika. Die patroon van Afrika se plantegroei hang van die klimaatstreke af. Tropiese reënwoude groei in die natste dele, in die hartjie van die Kongo-bekken en die kus van Wes-Afrika. 'n Ander soort reënwoud sorg vir die natuurlike plantegroei teen die nat en reënerige hellings van die Oos-Afrika-hooglande. Rondom die oerwoud, strek die vogtige savanne of grasvlakte met hoë, wuiwende gras en hoë bome. Namate die klimaat droër word, groei die gras, en selfs die bome, laer as gewoonlik. Die bome met laer kruine begin hul blare in die droë seisoen verloor. Doringbosse en Acasias is kenmerkend van die droë savanne. Hoe nader daar aan die grense van die woestyn beweeg word, hoe yler word die plantegroei. 'n Kleiner gedeelte van Afrika as wat 'n mens sou verwag – minder as 10% – is heeltemal bar. Die boomlose grasveld in die binneland van Suid-­Afrika sorg vir uitstekende landboumoontlikhede. Fauna en flora Afrika het nie so baie oerwoude soos wat die algemene indruk is nie. Die grootste deel van sy oppervlakte bestaan uit uitgestrekte vlaktes, woestyne en savannes. Gedeeltelik is dit die natuurlike gevolg van prehistoriese vulkaniese uitbarstings. Die vulkaniese afsettings is net deur 'n dun lagie grond bedek waarin bome hulle moeilik kon vasanker. Die mens het die toestand later aansienlik laat toeneem deur brande, oorbeweiding en ander bedrywighede wat erosie bevorder. Die klimaat het ook sy invloed laat geld. Die afgelope miljoen jaar het die klimaatstoestande drie keer gewissel van vogtig en nat tot droog. Só het die eens uit gebreide tropiese reënwoud al hoe kleiner geword. Aan die ander kant het die veranderinge in die klimaat die dier- en plantsoorte gedwing om hulle by die nuwe omstandighede aan te pas. Só het 'n groot verskeidenheid fauna en flora ontwikkel. Dat Afrika steeds die woonplek van die groot soogdiere is, is te danke aan die savannes en uitgestrekte grasvlaktes met verspreide boomgroepe. Ondanks die bedreiging wat die mens inhou, floreer reuse-troppe wildsbokke, sebras en buffels nog hier in die ongerepte dele van Afrika. Hul getalle word beheer deur leeus, luiperds, jagluiperds, hiënas, wildehonde, jakkalse en ander vleisvretende roofdiere. Kameelperde, renosters en Afrika-olifante is ook bewoners van die grasvlaktes, hoewel daar 'n soort olifant is wat net in die bosse bly. Die voëllewe bied 'n besondere verskeidenheid. Nêrens ter wêreld is daar so baie roofvoëls soos hier nie. Dit wissel van reuse-aasvoëls wat op groot stukke wildaas leef tot klein dwergvalke wat net van insekte leef. Die grootste voël ter wêreld, die volstruis, wat tot 3 m lank kan word, word net in die savannes of grasvlaktes van Afrika aangetref. Onder die kenmerkende bome en struike wat wyd voorkom, is die kremetartboom (Adansonia digitata), ook bekend as die baobab of apebroodboom, en sekere Acacia-soorte. Die grootste woestyn in Afrika is die Sahara. Die yl plantegroei bestaan uit xerofiete of woestynplante wat hulle op een of ander manier by die droogtetoestand aangepas het. Hier kan 'n onderskeid getref word tussen grondwater en reënwaterplante. Grondwaterplante het baie lang wortels om die diep ondergrondse water maklik te kan bereik. Aalwyne kan hulle byvoorbeeld besonder goed by sulke toestande aanpas. Reënwaterplante oorleef op hulle beurt weer deur middel van hul sade wat hul ontkiemingskrag vir jare kan behou. Wanneer dit wel reën, blom die reënplante binne 'n byna ongelooflik kort tyd. Honderdduisende dadelpalms en ander vrugtebome word by oases aangeplant. Daarom is die plantegroei daar altyd weelderig. Die oorspronklike oaseplantegroei, wat waarskynlik uit struike soos die selonsroos (Nerium oleander) en bome soos die tamarinde (Tamarindus indica) bestaan het, het feitlik verdwyn. Die gebrek aan voedsel en skuiling, maak die lewe baie moeilik vir die groter soogdiere wat uit die aard van die saak 'n maklike prooi vir mensejagters is. Diere soos die jagluiperd, die hartebees, die damhert, 'n wildsboksoort, en die sierlike gemsbok, is of heeltemal uitgeroei of feitlik heeltemal uitgeroei in die woestyngebiede. Die sandheuwels van die Kala­hariwoestyn is toegegroei met harde grassoorte, veral vingergras en ander soorte soetgras. In die valleie groei die sogenaamde "lewende klippe", die woestynplante, wat baie soos klippe lyk, maar hier eindig die ooreenkoms: die beskermde planthuid sorg daarvoor dat baie min vog ontsnap. Gevolglik is die weefsel in der waarheid voedsaam en sappig. Die Namib-woestyn in Namibië is een van die mees onherbergsame streke ter wêreld. Ook hier is die harde aapstertstreekgras (Aristida congesta) van die min plante wat aangetref word. Die beroemde Welwitschiaplant (Welwitschia mirabilis) kan ondanks die meedoënlose klimaat honderde jare aan die lewe bly. Die tropiese reënwoude kom voor in gebiede waar die reënval meer as 1 500 mm per jaar is. Weens die vogtigheid en die baie hitte, is daar altyd 'n immergroen en baie weelderige, digte plantegroei. In Afrika word reënwoude hoofsaaklik langs die Weskus aangetref. Ruimte vir groot troppe is daar nie en die meeste soogdiere is alleen­lopers. Hulle is gewoonlik sku diere wat snags aktief is. Een van die grootste inwoners van die reënwoud is die okapi ('n skaars verwant van die kameelperd), die boseland en die reuse-bosvark. Die sterkste aapsoort is die gorilla soos die laagland-gorilla van Nigerië, Kameroen en die Kongo, en die berg-gorilla van Uganda en die vulkaangebied van die oostelike Kongo, waar dit tot op 'n hoogte van 4 000 m voorkom. Die ander mensaap van Afrika, die sjimpansee, kan heel gemaklik in die grasvlaktes leef, maar is in die oerwoud beter teen mense beskerm. Die reënwoud het ook talle belangrike bruikbare plante opgelewer soos die oliepalm, en die tropiese kola- en die koffieboom. Sien ook Afrika-Eurasië Afrika-unie Vlae van Afrika Verwysings Bron Ensiklopedie Afrikana (Edms) Bpk, ISBN 0908409419 Stel, ISBN 0908409435 Band Eksterne skakels allAfrica.com – onlangse nuus, gebeure en statistieke
3
https://af.wikipedia.org/wiki/Lys%20van%20Afrikaanse%20skrywers
Lys van Afrikaanse skrywers
Hier volg 'n lys van Afrikaanse skrywers: A Berna Ackerman Willem Anker Hennie Aucamp B Albert Blake Eleanor Baker Margaret Bakkes Chris Barnard Mark Behr Pirow Bekker S.P. Benjamin Annalize Bester Dricky Beukes Eugene Beukes Gerhard Beukes Lalie Beukes C.F. Beyers-Boshoff Stella Blakemore Helen Blackmore H.S. van Blerk Audrey Blignault Lynette Blignaut François Bloemhof Arnold Blumer Boerneef Louie Boshoff Herman Charles Bosman Annelie Botes Dina Botha Jaco Botha Susan Botha Tertia Botha Alba Bouwer Johanna Brandt Breyten Breytenbach Kerneels Breytenbach André P. Brink Melt Brink Willie Burger C Analise Carstens Jan F.E. Celliers Elna Crouse Henk Crouse Christoffel Coetzee John Coetzee D Phillip de Bruyn W.A. de Klerk Helene de Villiers Herna de Villiers J.H.H. de Waal Manie de Waal Reza de Wet Ferdinand Deist E.K.M. Dido Cor Dirks Werner Dorfling Tom Dreyer Hans du Plessis PG du Plessis Tryna du Toit E Eitemal F H.A. Fagan Jeanette Ferreira Corlia Fourie Engemi Ferreira G Prof. dr. G.B.A. Gerdener J.M. Gilfillan Hermann Giliomee Rachelle Greeff Franci Greyling Pieter W. Grobbelaar Piet Grobler Sanet te Groen Coenrad Groenewald Henriette Grové Jeanne Goosen A.S. Grosskopf E.B. Grosskopf J.F.W. Grosskopf Santie Grosskopf H P.J. Haasbroek Joan Hambidge Ernst van Heerden Etienne van Heerden C.M. van den Heever Hester Heese Dr. J.A. Heese Japie Heese Tienie Holloway C.P. Hoogenhout Barrie Hough Trisa Hugo I Doc Immelman (1928-2013) J Jaco Jacobs E.G. Jansen (1881-1959), Goewerneur-generaal van die Unie van Suid-Afrika, Speaker van die Volksraad Valda Jansen Christa Jonker-Jordaan Helm Jooste Elsa Joubert Gideon Joubert Irma Joubert Marlise Joubert K Harry Kalmer Ronelda Kamfer J.C. Kannemeyer Willem Kamp (Onze Wim) Rosa Keet Regina Kemp Karl Kielblock Helene de Kock Koos Kombuis Uys Krige W.O. Kunhe L C.J. Langenhoven Etienne Leroux Marzanne Leroux-Van der Boon Ben Lindemann Freda Linde Helena Lochner Anna M. Louw Miemie Louw-Theron M Maretha Maartens D.F. Malherbe Eugene Marais Empie Maritz Wille Martin Dalene Matthee M.E.R. Deon Meyer John Miles Mikro Annelize Morgan Elise Muller Petra Müller Ena Murray Erika Murray-Theron N Nataniël Jackie Nagtegaal Reinet Nagtegaal Bettie Naudé, skuilnaam van Topsy Smith Dolf van Niekerk Louise van Niekerk Marlene van Niekerk Leon van Nierop P.H. Nortjé O D.J. Opperman Janie Oosthuysen Fanie Olivier P Elize Parker S.V. Petersen Emily Pieterse Henning Pieterse Pieter Pieterse Hilda Postma Willem Postma (Dr. O'kulis) Gustav Preller Martie Preller Q R Jan Rabie Joan Rankin Louis B Rautenbach Dan Roodt Zuretha Roos Ina Rousseau Leon Rousseau André le Roux Johnita le Roux Rona Rupert S Sangiro (A.A. Pienaar) Riana Scheepers Karel Schoeman P.J. Schoeman A.H.M. Scholtz Dan Sleigh Adam Small Bartho Smit Berta Smit Hettie Smit Topsy Smith Ela Spence Jan Spies Lina Spies Cecil van der Spuy Elsabe Steenberg Elmar Steyn Jaap Steyn Klaas Steytler Wilma Stockenström Alexander Strachan Peter Snyders Adriaan Snyman Annette Snyman Loit Sols Malan Steyn Pieter Strauss Fritz Steyn Leon Strydom T S.J. du Toit Totius U V Kirby van der Merwe Christo van der Merwe Hendrik van Blerk‎ Kas van den Berg Dolf van Niekerk Verna Vels Eben Venter F.A. Venter Leon de Villiers S.J.A. de Villiers Philip de Vos Abraham H. de Vries Fanie Viljoen Johannes van Melle Engela van Rooyen Nanette van Rooyen Piet van Rooyen Marita van der Vyver Jan Jakobus van der Post Jan van Tonder N.P. van Wyk Louw Anoeschka von Meck Zirk van den Berg Kootjie van den Heever Willem van der Berg Jochem van Bruggen Petra van Blerk Izak van der Merwe (Boerneef) W Herman Wasserman G.A. Watermeyer George Weideman Ingrid Winterbach X Y Z Dine van Zyl Sien ook Lys van Afrikaanse digters Lys van Suid-Afrikaanse digters Lys van Suid-Afrikaanse skrywers Afrikaanse skrywers
4
https://af.wikipedia.org/wiki/Lys%20van%20Afrikaanse%20digters
Lys van Afrikaanse digters
Hier volg 'n lys van bekende Afrikaanse digters: A Hennie Aucamp Jan Afrika (sien Breyten Breytenbach) B Pirow Bekker R.K. Belcher Marié Blomerus Peter Blum Boerneef Russell Boezak D.P.M. Botes Stephan Bouwer Breyten Breytenbach (Jan Blom, Jan Afrika) P.W. Buys C Jan Lion Cachet Eveleen Castelyn Jan F.E. Celliers Rika Cilliers T.T. Cloete Sheila Cussons D Johan de Jager Johann de Lange I. L. de Villiers Philip de Vos Julian de Wette Werner Dorfling Clinton V. du Plessis Hans du Plessis I.D. du Plessis Phil du Plessis D.F. du Toit S.J. du Toit E Eitemal Elisabeth Eybers Louis Eksteen F H.A. Fagan Vernon February Charles Fryer G Jeanne Goosen Pieter W. Grobbelaar H Joan Hambidge Daniel Hugo I Issie Venter J Ingrid Jonker Wopko Jensma H.H. Joubert C.W. Joubert Marlise Joubert K Ronelda Kamfer A.D. Keet Rosa Keet Hélène Kesting Olga Kirsch W.F. Knobel Wilhelm Knobel Uys Krige Antjie Krog L C.J. Langenhoven Trienke Laurie C. Louis Leipoldt André le Roux George Louw N.P. van Wyk Louw W.E.G. Louw M Lucas Malan D.F. Malherbe Danie Marais Eugene Marais Johann Lodewyk Marais Loftus Marais Adriaan Moorrees A.J. Myburg Petra Müller N Gert Vlok Nel Fransi Nieuwoudt O Fanie Olivier D.J. Opperman Vincent Oliphant P Chris Pelser S.V. Petersen P.J. Philander Matthews Phosa Freda Plekker Gustav Preller S.J. Pretorius Wessel Pretorius Q R Henk Rall P.H. Roodt Ina Rousseau William Rowland S Merwe Scholtz Sjaka Septembir Adam Small Pieter Smit Eduard Smith Peter Snyders Casper Scmidt Dan Sleigh Lina Spies Jan Spies Jaap Steyn Wilma Stockenström Leon Strydom Jan Swanepoel Hein Swart T Barend J. Toerien Totius (J.D. du Toit) U V Hendrik van Blerk J.R.L. van Bruggen C.M. van den Heever Toon van den Heever Cornelius van der Merwe Boerneef H.A. van der Merwe Ernst van Heerden Dolf van Niekerk Marlene van Niekerk Piet van Rooyen Morney C. van Staden Neil van Tonder Johan van Wyk De Waal Venter A.G. Visser W M.M. Walters Theo Wassenaar G.A. Watermeyer George Weideman X Y Z Sien ook Lys van Afrikaanse skrywers Lys van Suid-Afrikaanse digters Lys van Suid-Afrikaanse skrywers Afrikaanse digters
5
https://af.wikipedia.org/wiki/Alice%2C%20Oos-Kaap
Alice, Oos-Kaap
Alice is 'n dorpie in die Oos-Kaap, 120 km wes van Oos-Londen. Dit is op die wesoewer van die Tyhumerivier geleë, teenoor die hoofkampus van die Universiteit van Fort Hare. Geskiedenis Die Glasgow Sendinggenootskap het 'n sendingstasie in 1824 op die westelike oewer van die Tyhumerivier gestig. Hulle het die dorp eers Lovedale genoem - na John Lovedale van die genootskap. Die dorp is later na prinses Alice, dogter van die Britse koningin Victoria, vernoem. Die sendingstasie is na die Sesde Grensoorlog prysgegee en die eerste skool is eers in 1841 ná die heropening gebou. Die geboue is egter tydens die Sewende Grensoorlog opgekommandeer en in 'n fort omskep. Ná die vrede van 1847 is 'n behoorlike fort op die oostelike oewer van die rivier gebou. In 1867 het Jane Elizabeth Waterston, Suid-Afrika se eerste vrouedokter, hier begin werk as 'n onderwyseres. In 1981 het dit deel van die onafhanklike tuisland Ciskei geword en het nie-swartes dit moet verlaat. Distrik Daar word wol, sybokhaar, beesvleis, melk, sitrusvrugte, tabak en hout gelewer in die distrik. Die Universiteit van Fort Hare is opgerig waar die militêre fort in die 19de eeu op die oewers van die Tyhumerivier gebou is. Naburige dorpe Sien ook NG gemeente Alice Lys van dorpe in Suid-Afrika Verwysings Bibliografie Eksterne skakels Die vervalle gebou van die eertydse NG gemeente Alice, soos te sien op Google Maps Nedersettings in die Oos-Kaap
6
https://af.wikipedia.org/wiki/Australasi%C3%AB
Australasië
Australasië (Latyn: Australasia, letterlik: "suid van Asië") is die gebied rondom Australië, Nieu-Seeland, Nieu-Guinea, die daaromliggende eilande van Melanesië en ook 'n deel van Indonesië. Die begrip is afkomstig van Charles de Brosses, wat dit in 1756 gebruik het om die gebied af te grens van Polinesië en Magellanica (die suidoostelike deel van die Stille Oseaan). Lande in Australasië Australië Fidji Gefedereerde State van Mikronesië Kiribati Marshalleilande Nauru Nieu-Seeland Oos-Timor Palau Papoea-Nieu-Guinee Samoa Salomonseilande Tonga Tuvalu Vanuatu Verwysings Eksterne skakels Gebiede van Asië Gebiede van Oseanië Stille Oseaan
7
https://af.wikipedia.org/wiki/Asi%C3%AB
Asië
Asië Asië is die wêreld se grootste kontinent in sowel oppervlakte as bevolking. Saam met die eilande beslaan dit ongeveer 44 579 000 km² wat 33% van die totale landoppervlakte van die aarde is en dit word bewoon deur meer as 4 miljard mense – ongeveer 60% van die wêreldbevolking. Fauna en Flora Naas uitgestrekte grasvlaktes, woestyne en woude, bestaan Asië uit hoë plato's en bergreekse met die hoogste pieke in die wêreld. Daar kom dus 'n groot verskeidenheid plante en diere voor. Die sterk ooreenkoms tussen die fauna en flora van Asië en dié van die Amerikas versterk die vermoede dat daar in die ystertydperk 'n landbrug in die gebied van die Beringstraat moes bestaan het. Toendra In die verre noorde van Asië tref 'n mens Arktiese plantegroei aan. Daar groei net mos, kort grasse en bossies in die kort somers. Die berghellings langs die noordoostelike kus van Siberië is met welige gras bedek. Talie soorte insekte floreer in die toendra en dien as voedsel vir die groot swerms voëls wat in die somer op land en langs die see broei. Kenmerkend vir die toendra is sneeuhoenders en lemmings, wat as prooi dien vir roofvoëls, poolvosse en ander vleisvreters soos wolwe. Die meeste diere, insluitende die rendiere, migreer suidwaarts in die herfs. Kleiner knaagdiere bly egter ook in die winter daar en lewe van plantegroei wat hul lê onder die sneeu uitgrawe, Taiga Geen bome groei in die toendra nie, maar uitgestrekte naaldwoude kom suid daarvan in die taiga voor. Hulle bestaan hoofsaaklik uit denne, sparre en lorke. In die koudste dele van die taiga oorheers die lorke. Hulle verloor hul naalde in die winter, voëls en knaagdiere lewe van die bome se sade in die taiga. Soms ontstaan 'n tekort aan sade en dan migreer die voëls op groot skaal na Europa. Die grootste diere wat in die taiga voorkom, is elande, met wolwe, losse (’n soort rooikat) en veelvrate as hul vernaamste vyande. Naaldwoude kom ook teen die berghellings in die hooglande van Tibet voor. Rododendrons van alle kleure en 'n groot verskeidenheid primulas groei daar bokant die boomgrens. Steppes en woestyne Die plantegroei van Klein-Asië, Iran, Afganistan, Tibet en Mongolië is tipies van woestyn- en steppegebied. Loofbome groei in bosse teen die vogtige berghellings en langs die rivieroewers. Plantegroei in die steppe bestaan hoofsaaklik uit harde grasse, eenjarige plante, bolgewasse en lae struike, soos die Tamarisk. Bokwiet kom oorspronklik uit die steppe van Sentraal-Asië en knoffel uit Wes-Asië. Die plantegroei in Tibet is baie soos dié in China en Japan, waar die perske en appelkoos oorspronklik vandaan kom. Kersies, vye, druiwe, hennep, gars, koring en rog, wat oorspronklik uit Klein-Asië kom, het oral op die vasteland belangrike kultuurgewasse geword. Korea, Mantsjoerye en Oos-China het 'n hoë reënval, met subtropiese plantegroei in die suidelike dele. Die uitgestrekte steppe was die oorspronklike habitat van die wilde perd, maar vandag kom die egte wilde perd (Equus przewalski) nog net in Mongolië voor. Mongolië is ook die woonplek van die laaste wilde kamele. Hulle is skraler, met korter, harder hare as die mak kameel. Baie soorte knaagdiere kom in die steppes voor, onder andere die fluithaas, wat 'n wintervoorraad van afgeknaagde plante opbou. In die warm woestyne van Suidwes-Asië tref 'n mens nog wilde esels aan sowel as 'n soort gasel wat hom by die klimaat aangepas het. Op die hooglande van Tibet kom die wilde jak (knorbuffel) voor. Sy digte pels beskerm hom teen die koue. Die kleiner huisjak is meer as 3000 jaar gelede al deur die Tibettane getem. Hy is 'n nuttige pak- en rydier en word ook aangehou vir melk en vleis. Sy pels het verskeie uiteenlopende gebruike. Hoog in die berge woon wilde skape en bokke, met die sneeuluiperd as hul grootste vyand. Die sneeuluiperd is die enigste lid van die luiperdfamilie wat bokant die boomgrens woon. Bere is swerfdiere wat yl bevolkte, bergagtige gebiede as woonplek verkies. Daar is bruinbere in Tibet en knaagbere in die berge van Suidoos-Asië. In die bamboesbosse teen die berghange van Tibet en Wes-China woon die groot pandabeer. Sy kleiner neef kom ook in die aangrensende gebiede voor. Hulle lewe hoofsaaklik van plante. Tropiese woude Suid van die Himalaja lê die tropiese en subtropiese gebiede van Asië. Plek-plek kom daar wel struikwoestyne en droë bosse voor, maar tropiese reënwoude met 'n groot verskeidenheid van plante en diere oorheers. Baie van die boomsoorte lewer waardevolle hout, soos byvoorbeeld ysterhout, wat so swaar is, dat dit in water sink. Omdat daar geen groeiseisoen is nie, dra bome dwarsdeur die jaar vrugte. Baie van die tropiese plante lewer bekende speserye en grondstowwe, onder andere gemmer, kaneel en katoen. Op die eilande is rubberplantasies en palms 'n algemene verskynsel. In die subtropiese savannegebiede woon 'n soort antiloop en die uiters seldsame Indiese leeu. Die grootste oerwoud bewoners is Asiatiese olifant, wat effens kleiner is as hul neefs in Afrika. Tiers, 'n klein soort renoster, Indiese-tapirs en orang-oetangs se getalle is vinnig besig om af te neem. Dieselfde gebeur met die veelkleurige fisante van Suidoos-Asië. Riviere en mere Vis, op baie plekke die Asiate se enigste eiwitvoedsel, kom in groot getalle in al die riviere voor, veral in die koue riviere van Siberië. Rivierdolfyne kom in die groter riviere voor. In die tropiese en subtropiese gebiede tref 'n mens 'n paar soorte krokodille, waterskilpaaie en waterslange aan. Die Baikalmeer in Siberië is die habitat van die wêreld se enigste varswaterrob. Lande Sien ook Afrika-Eurasië Eurasië Vlae van Asië Bron Wêreldspektrum, Volume 2, Bladsy 80-, ISBN 0 908409 41 9 Verwysings Eksterne skakels
8
https://af.wikipedia.org/wiki/Antofagasta
Antofagasta
Antofagasta is die grootste stad van die Norte Grande-streek van Chili en hoofstad van die gelyknamige provinsie met 404 654 inwoners (2012). Die stad is in 1870 gestig en in 1883 deur Chili van Bolivië gebuit. Die stad is geleë aan die Stille Oseaan en is die hawe-afsetpunt vir die kopermyne van La Escondida en Chuquicamata - laasgenoemde is die grootste oppervlakmyn in die wêreld. Antofagasta is 'n gewilde vakansieoord en die beginpunt van die Andes-spoorlyn wat oor die 3 857 hoë Socoma-bergpas lei en die stad met Salta in Argentinië verbind. Sedert 1956 beskik Antofagasta oor 'n universiteit. Nedersettings in Chili
10
https://af.wikipedia.org/wiki/Apostoliese%20Geloofsending
Apostoliese Geloofsending
Die Apostoliese Geloofsending van Suid-Afrika (AGS) is 'n klassieke Pinkster Christelike denominasie in Suid-Afrika. Met 1,2 miljoen aanhangers is dit Suid-Afrika se grootste Pinksterkerk en die vyfde grootste godsdiensgroepering in Suid-Afrika en verteenwoordig 7,6 persent van die bevolking[2][3][4] Die AGS het ontstaan uit die Azusastraat-herlewing van 1905 in die Verenigde State, onder die naam Apostolic Faith Mission (AFM). Hulle glo eerstens in die Bybel en dat alles wat daarin staan, waar is; dat mens ná bekering na Christendom gedoop word deur middel van totale onderdompeling en daarna in tale kan begin praat wanneer hulle met die Heilige Gees gedoop word. Hulle glo nie net dat mense genees kan word wanneer daar vir hulle gebid word nie, maar dit is algemeen om genesings en ander wonderwerke te ervaar. Pinksterkerke
11
https://af.wikipedia.org/wiki/Argitektuur
Argitektuur
Argitektuur is die kuns en wetenskap om boubedrywe te ontwerp, insluitende stede, geboue, binnenshuis, landskappe, meubels, voorwerpe, ens. Volgens die eerste oorlewende werke van die onderwerp, word daar van drie grondbeginsels gepraat: skoonheid, vastigheid en bruikbaarheid. Van argitektuur kan gepraat word as die balans en koördinasie van hierdie drie elemente, waarvan geen een die ander oorheers nie. Argitektuur kan bestudeer word in terme van: Die boustyl d.w.s. die manier waarop gebou is in teenstelling met die materiale wat gebruik is. Die samestelling van komponente in terme van hoe die dele aanmekaar gesit is om 'n geheel te vorm. Materiaal wat gebruik is om mee te bou. Die ontwerpskomponente of die dele waaruit die gebou bestaan. Bouvorm wat benut word, of die kontoer wat die struktuur toon, in terme van 'n definitiewe stel lyne, konfigurasies, profiele ens. Menslike oorlewing vereis strukture wat beskerming, veiligheid en nutwaarde aan die mens bied. Argitektuur gaan egter oor meer as beskerming en veiligheid deurdat dit elke lewensfaset van die mens in terme van ekonomie, filosofie, godsdiens, politiek en sosiale omgang reflekteer vir 'n bepaalde tydvak. Die geskiedenis van verskeie beskawings word geken deur hulle argitekture te bestudeer. Die oudste vorm van argitektuur is heel moontlik die manier waarop mense grotte benut het as lewensruimte. Die Sumeriese boustyl is een van die oudste argitektuurstyle van die antieke Sumeriese beskawing wat tussen 5000 v.C. tot 2000 v.C. tot stand gebring is. Sien ook Sewe Wonders van die Wêreld
14
https://af.wikipedia.org/wiki/ABC
ABC
ABC kan na een van die volgende sake verwys: Die alfabet (spesifiek die latynse alfabet wat met die drie letters ABC begin) American Broadcasting Company Australian Broadcasting Corporation Eksterne skakels
17
https://af.wikipedia.org/wiki/Algebra
Algebra
Algebra, of stelkunde, is die afdeling van wiskunde waar simbole gebruik word om strukture te beskryf en die verhoudings daartussen aan te dui. Klassieke algebra het uit die algemene metode van die oplos van vergelykings gekom. Hierin kom getalle en simbole voor wat bewerk word met maal, deel, optel en aftrek, asook ander bewerkings soos magte en magswortels. Die Noorse wiskundige Niels Henrik Abel bewys egter in 1824 dat polinome met graad vyf of hoër nie deur eksplisiete formules opgelos kan word nie. Moderne algebra ontwikkel dus sedert die negentiende eeu uit klassieke algebra en fokus eerder op abstrakte algebraïese strukture as op die oplos van voorgenoemde verhoudings. Algebra word algemeen as die "taal van wiskunde" beskryf, alhoewel daardie vae eretitel netsowel die velde van logika of selfs algemene filosofie beskore kon wees. Geskiedenis Die geskiedenis van algebra het begin in Egipte en Babilonië, waar mense geleer het om lineêre (soos ) en kwadratiese (soos vergelykings, asook intermediêre vergelykings soos , waar 'n paar onbekendes voorkom, op te los. Hierdie manier van werk het 'n lang ruk so gebly tot in die tyd van Islam. Islamiese mense het algebra beskryf as die wetenskap vir vervanging en balansering en dit is hoogswaarskynlik hoe rekenkunde sy verskyning gemaak het. Die Islam woord vir algebra is al-jabru. In die negende eeu het Arabiese wiskundige al-Khwarizmi een van die eerste Arabiese vergelykings geskryf. Hy het die wette van algebra so goed ontleed dat hy 'n baie ingewikkelde vergelyking soos om , en te vind om die volgende te balanseer: , , en . Kyk ook Lineêre algebra Lineêre vergelyking Kwadratiese vergelyking Derdegraadse vergelyking Algebra
18
https://af.wikipedia.org/wiki/AR
AR
AR kan na een van die volgende verwys: Argentinië, 'n Spaanssprekende land in die suide van Suid-Amerika, Argon, 'n chemiese element met simbool Ar. Arkansas, 'n deelstaat in die suidooste van die Verenigde State van Amerika.
22
https://af.wikipedia.org/wiki/Biologie
Biologie
Biologie is die vakgebied van die bestudering van die verskillende vorme van lewende organismes. Biologie is die wetenskap van lewe. Dit is gemoeid met die eienskappe en gedrag van organismes, hoe spesies en individue ontstaan asook die wisselwerkings tussen hulle onderling en tussen hulle en die omgewing. Oorsig van biologie Biologie beslaan 'n wye spektrum van akademiese vakgebiede wat dikwels as onafhanklike dissiplines beskou word; as sambreelterm is dit die vakgebied van die bestudering van lewe op verskillende skale: Op atoom- en molekulêre skaal, deur molekulêre biologie, biochemie en in 'n mate genetika Op sellulêre skaal, deur selbiologie Op multisellulêre skaal, deur fisiologie, anatomie en histologie Op die ontwikkelingsvlak of ontogenie van 'n individuele organisme, deur ontwikkelingsbiologie. Op die vlak van oorerflikheid tussen ouer en nasate, deur genetika. Op die vlak van groepsgedrag, deur etologie Op die vlak van individuele wisselwerkings tussen die organismes, deur sosiobiologie Op die vlak van 'n hele bevolking, deur bevolkingsgenetika Op ’n multispesieskaal van herkoms, deur sistematika Op die vlak van interafhanklike bevolkings en hulle habitat, deur ekologie en evolusionêre biologie Spekulatief op die vlak van lewe buite die Aarde, deur xenobiologie. Velde van studie in biologie Aërobiologie – Anatomie – Arachnologie – Astrobiologie – Biochemie – Bionika – Biogeografie – Bioinformatika – Biomeganika – Biofisika – Biotegnologie – Plantkunde – Selbiologie – Verspreidingskunde – Kladistiek – Skaaldierkunde – Oerdierkundige – Siklusse – Sitologie – Ontwikkelingsbiologie – Siektes (genetiese en aansteeklike siektes) – Ekologie (teoretiese ekologie, simbiose, outokologie, sinekologie) – Etologie – Entomologie – Evolusionêre biologie (Evolusie) – Evolusionêre ontwikkelingsbiologie – Varswaterbiologie – Genetika (bevolkingsgenetika, kwantitatiewe genetika, genomika, proteomika) – Herpetologie – Histologie – Antropologie – Igtiologie – Immunologie – Aansteeklike siektes – Patologie – Epidemologie – Limnologie – Malakologie – Soogdierkunde – Mariene biologie – Mikrobiologie (bakteriologie) – Molekulêre biologie – Morfologie – Mikologie/ligenologie – Mirmekologie – Neurowetenskap (neuroanatomie, neurofisiologie, senustelselwetenskap, biologiese fisiologie, psigiatrie, psigofarmakologie, gedragswetenskap, neuroetologie, psigofisika, berekenbare neurowetenskap, kognitiewe neurowetenskap, kognitiewe wetenskap) – Onkologie (die studie van kanker) – Ontogenie – Oorsprong van lewe – Voëlkunde – Paleontologie (paleobotanie, paleosoölogie) – parasitologie – Fikologie (algologie) – Herkomskunde (filogenetika, filogeografie) – Fisiologie – Fitopatologie – Voortplantingsbiologie – Strukturele biologie – Stelselbiologie – Taksonomie – Toksikologie (die studie van gifstowwe en besoedeling) – Virologie – Xenobiologie – Soölogie Evolusie en biologie Een van die sentrale, organisatoriese begrippe in biologie is dat alle lewe van 'n gemene oorsprong het vanweë evolusie. Charles Darwin het evolusie as 'n lewensvatbare teorie daargestel deur die dryfveer daaragter, natuurlike teelkeuse, duidelik uit te spel. (Alfred Russell Wallace word algemeen erken as mede-uitvinder van die begrip). Genetiese verskuiwing is aanvaar as 'n bykomende meganisme tot die sogenaamde moderne sintese. Die evolusionêre geskiedenis van 'n spesie — waaruit die eienskappe van die verskillende spesies waarvan dit afstam, vasgestel kan word, tesame met die genetiese verwantskappe daarvan ten opsigte van al die ander spesies word herkomskunde genoem. Verskillende benaderings tot die insameling van inligting oor die herkoms van spesies word in biologie gevolg. Dit sluit die vergelyking van DNA-reekse in wat in molekulêre biologie of genomika uitgevoer word en vergelykings van fossielrekords en ander inligting oor antieke organismes wat deur paleontologie ondersoek word. Bioloë rangskik en ontleed evolusionêre verwantskappe deur verskeie metodes, wat herkomskunde, numeriese taksonomie en kladistiek insluit. Die hoofgebeurtenisse in die loop van evolusie, soos bioloë dit tans verstaan, word opgesom op hierdie evolusionêre tydlyn. Klassifikasie van lewe (en soortgelyke organismes) Die klassifikasie van lewende dinge word sistematika of taksonomie genoem en behoort die evolusionêre stambome van die verskillende organismes te weerspieël. Taksonomie groepeer organismes in groepe wat taksons genoem word, terwyl sistematika hul verwantskappe probeer vasstel. Die dominante stelsel word Linnese taksonomie genoem, wat ordes en binomiale name insluit. Die name van organismes word beheer deur internasionale ooreenkomste soos die Internasionale Kode van Benamings vir alge, fungi en plante en die Internasionale Kode van Dierkundige Benamings. 'n Vierde konsepvoorstel vir 'n biokode is in 1997 gepubliseer in 'n poging om die name van die drie terreine te standaardiseer, maar dit is nog nie amptelik aanvaar nie. Die Internasionale Kode van Virusklassifikasie en -benamings val tans buite die biokodes. Lewende wesens is tradisioneel in vyf koninkryke verdeel: Monere – Protiste – Skimmels – Plante – Diere Die verdeling word egter deesdae as verouderd beskou. Meer moderne alternatiewe begin met die drieledige domeinstelsel: Archaea – Bakterieë – Eukariote (insluitende protiste, fungi, plante en diere) Hierdie domeine weerspieël die teenwoordigheid al dan nie van selkerne asook verskille in die selwande. Elke domein word verder verdeel totdat elke spesie apart geklassifiseer is. Die volgorde is: domein, koninkryk, filum, klas, orde, familie, genus, spesie. Daar is ook 'n reeks intrasellulêre parasiete wat toenemend minder lewend is ten opsigte van hulle metaboliese aktiwiteit: Virusse – Viroïede – Prione Geskiedenis van die woord 'biologie' Die term "biologie" is afgelei van die Griekse βίος (bios, "lewe") en λόγος (logos, "studie van"). Die term is vermoedelik onafhanklik van mekaar deur Gottfried Reinhold Treviranus (Biologie oder Philosophie der lebenden Natur, 1802) en Jean-Baptiste Lamarck (Hydrogéologie, 1802) bekendgestel. Dit kan ook wees dat Karl Friedrich Burdach die woord in 1800 uitgedink het vir die titel van boekdeel 3 van Michael Christoph Hanov se Philosophiae naturalis sive physicae dogmaticae: Geologia, biologia, phytologia generalis et dendrologia, wat in 1766 gepubliseer is. Verdere leeswerk Lynn Margulis, Five Kingdoms: An Illustrated Guide to the Phyla of Life on Earth, 3de oplaag, St. Martin's Press, 1997, sagteband, ISBN 0-8050-7252-7 (baie ander oplae) Neil Campbell, Biology: Concepts & Connections (4de oplaag), Benjamin-Cummings Publishing Company, 2002, hardeband, ISBN 0-8053-6627-X (college-vlak teks) Eksterne skakels EverythingBio: 'n Aanlyn bron vir enigiets verwant aan biologie Kimball's Biology Pages: 'n aanlyn handboek met ’n soekfunksie Biology Online: 'n webtuiste wat deur 'n enkele persoon onderhou word Biologiewebtuiste The Tree of Life The Journal of Biology The Public Library of Science: Biology BioCode Biologie met grafika en animasies Leermateriaal vir biologie in Afrikaans en Engels Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
23
https://af.wikipedia.org/wiki/Beeldende%20kunste
Beeldende kunste
Die beeldende kunste is vorms van kunssinnige uitdrukking waarin die klem val op die skep van 'n artifak in twee of drie dimensies. Tekenkuns Skilderkuns Beeldhouwerk Gemengde media Beeldende kuns (ook genoem visuele kuns) behels enige sigbare kuns, maar sluit uitvoerende kunste uit.
24
https://af.wikipedia.org/wiki/Boeddhisme
Boeddhisme
Boeddhisme is ’n Dharmiese geloof of filosofie (Sanskrit: dharma; Pali: dhamma). Dit sluit ’n verskeidenheid tradisies, gelowe en spirituele gebruike in wat grootliks geskoei is op die leringe van Gautama Boeddha, algemeen bekend as die Boeddha ("die verligte een"). Volgens die Boeddhistiese tradisie het die Boeddha tussen die 6de en 4de eeu v.C. op die noordoostelike Indiese subkontinent gewoon en ander onderrig. Boeddhiste beskou hom as ’n "verligte" of "ontwaakte" onderwyser wat sy insig gedeel het om ander te help om hul lyding te beëindig deur die verbanning van onkunde en begeertes en deur die ontwikkeling van hul gees. Geleerdes erken oor die algemeen twee bestaande takke van Boeddhisme: Theravada ("Tradisie van die Oudstes", soms verkeerdelik "Hinayana" genoem) en Mahayana ("Die Groot Voertuig"). Theravada het baie volgelinge in Sri Lanka en Suidoos-Asië (Thailand, Birma, Laos, Kambodja ens.). Mahayana kom voor in Oos-Asië, (China, Korea, Japan, Viëtnam, Singapoer, Taiwan ens.) en sluit in die tradisies van Suiwer Land, Zen, Nichiren-Boeddhisme, Tibettaanse Boeddhisme, Shingon en ander. Vajrayana, ’n stel leringe wat toegeskryf word aan Indiese siddhas, kan beskou word as ’n derde tak of bloot deel van Mahayana. Tibettaanse Boeddhisme, soos beoefen in Tibet, Bhoetan, Nepal, die Himalajastreek van Indië, Kalmikië, Mongolië en omringende gebiede, volg die Vajrayana-leringe van die 8ste-eeuse Indië. In Theravada-Boeddhisme is die primêre doel die behaling van die verhewe staat nirwana, wanneer ’n mens ontsnap van die siklus van lyding en hergeboorte. In Mahayana- en Tibettaanse Boeddhisme word na boeddhaskap gestrewe deur ’n bodhisattva te word en juis in dié siklus te bly met die doel om ander te help om verligting te behaal. Boeddhistiese skole verskil oor die presiese aard van die pad na nirwana, die belangrikheid en egtheid van verskeie geskrifte en veral die toepassing daarvan. Een ding waaroor almal eens is, is dat daar geen skeppingsgod bestaan nie. Die grondbeginsels van die Boeddhistiese tradisie is die Drie Juwele: die Boeddha, die dharma (geloof) en die sangha (gemeenskap). Om "toevlug tot die drievoudige juweel" te neem is tradisioneel ’n verklaring dat iemand die Boeddhistiese pad volg, en onderskei Boeddhiste gewoonlik van nie-Boeddhiste. Ander praktyke kan insluit die gehoorsaming van etiese grondreëls; die ondersteuning van die kloostergemeenskap; afstanddoening van die gewone lewe om ’n Boeddhistiese kloosterlewe te lei; die ontwikkeling van die gees en die beoefening van meditasie; die kweek van groter wysheid en oordeel; die bestudering van die geskrifte; godsdienspraktyke; seremonies; en, in die Mahayana-tradisie, smeekbedes tot die boeddhas en bodhisattvas. Die lewe van die Boeddha Siddhartha Gautama het omstreeks die 6de eeu v.C. in Noord-Indië gewoon. Geskrifte gee verskillende weergawes van sy lewe. Die meeste kenners meen hy het wel bestaan, ander onderrig en ’n kloosterorde gestig, maar aanvaar nie alle besonderhede in sy biografieë nie. Volgens die skrywer Michael Carrithers behoort die algemene riglyne waar te wees: geboorte, volwassenheid, afstanddoening, soeke, verligting en bevryding, onderrig, die dood. Volgens een vertelling was hy ’n prins en het ’n astroloog met die naam Asita kort ná sy geboorte Gautama se pa, Suddhodana, besoek en voorspel die kind sou óf ’n groot koning word óf afstand doen van die materiële wêreld om ’n heilige man te word – dit sou afhang van of hy die lewe buite die mure van die paleis sou sien. Suddhodana wou seker maak sy seun word koning en het hom verbied om die paleis te verlaat. Op 29-jarige ouderdom het Gautama egter ’n paar keer uitgeglip en die lyding daarbuite aanskou. Hy het toe die koninklike lewe agtergelaat om ’n oplossing vir hierdie lyding te vind. Ses jaar lank het hy probeer en misluk. Op 35-jarige ouderdom het hy eendag onder ’n vyeboom (Ficus religiosa) gaan sit en mediteer, en homself voorgeneem om nie weer op te staan voordat hy verligting behaal het nie. Ná baie dae het hy eindelik sy geestelike kettings afgeskud en homself so bevry van die siklus van lyding en hergeboorte. Toe hy opstaan, was hy ten volle verlig. Kort hierna het hy volgelinge gelok en ’n kloosterorde gestig. Toe het hy, as die Boeddha, vir die res van sy lewe die pad na verligting wat hy ontdek het, aan ander geleer terwyl hy deur die noordoostelike Indiese subkontinent gereis het. Hy is op 80 jaar (in 483 v.C.) in Kushinagar, Indië, dood. Boeddhistiese begrippe Die lewe en wêreld Samsara In Boeddhisme word samsara gedefinieer as die voortdurend herhalende siklus van geboorte en die dood. Dit verwys spesifiek na die belewing van een hergeboorte ná die ander binne die ses vlakke van die bestaan, waar elke vlak verstaan kan word as ’n fisieke of sielkundige toestand wat gekenmerk word deur ’n spesifieke soort lyding. Samsara ontstaan uit avidya (onkunde) en word gekenmerk deur dukkha (lyding, angstigheid, ontevredenheid). Deur Boeddhisme is bevryding van samsara moontlik. Karma Karma (van Sanskrit vir "aksie, werk") is in Boeddhisme die krag wat samsara aandryf. Goeie, kundige dade (Pali: kusala) en slegte, onkundige dade (Pali: akusala) kweek "sade" in die gedagtes wat óf in hierdie lewe óf in ’n toekomstige lewe (ná hergeboorte) vrugte voortbring na gelang van die soort dade. Die vermyding van slegte dade en die kweek van goeie dade word sila genoem. In Theravada-Boeddhisme is daar geen verlossing van of vergifnis vir jou karma nie, want dit is ’n suiwer onpersoonlike proses wat deel is van die heelal. In Mahayana-Boeddhisme word geglo die dreunsing of selfs net aanhoor van sekere soetras (soos die Lotus-, Angulimaliya- en Mahayana Mahaparinirvana-soetra) kan groot dele van jou negatiewe karma uitdryf. Ander skole soos Vajrayana beskou die sing of opsê van mantras as die manier om ontslae te raak van voorheen negatiewe karma. Hergeboorte Hergeboorte verwys na ’n proses waarvolgens wesens deur ’n reeks lewens gaan; elke lewe duur van bevrugting tot die dood. Die leerstelling van anatta verwerp die begrip van ’n permanente self of ’n onveranderlike, ewige siel soos dit in Hindoeïsme en die Christendom voorkom. In Boeddhisme is geen self onafhanklik van die res van die heelal nie. Hergeboorte tot nuwe lewens kan verstaan word as die voortsetting van ’n dinamiese, altyd veranderende proses van pratityasamutpada ("afhanklike ontstaan") wat bepaal word deur die wette van oorsaak en effek (karma) eerder as dié van een wese wat van een bestaan tot ’n volgende gereïnkarneer word. Elke hergeboorte vind plaas op een van vyf vlakke volgens Theravada-Boeddhiste, of ses volgens ander skole. Naraka-wesens: dié wat in een van baie narakas (helle) woon; Preta: dié wat soms gedeeltelik mense se ruimte deel, maar vir die meeste mense onsigbaar is; ’n soort "spook"; Diere: hulle deel mense se ruimte, maar is ’n ander lewensvorm; Mense: een van die vlakke van hergeboorte waarin nirwana behaal kan word; Asuras: vertaal as demone, titane of antigode; dit word nie deur die Theravada-tradisie as ’n aparte vlak erken nie; Devas, insluitende Brahmas: vertaal as gode, geeste of engele. Volgens Oos-Asiatiese en Tibettaanse Boeddhisme is daar ’n tussenvlak (Tibettaans: bardo) tussen een lewe en die volgende een. Die ortodokse Theravada-tradisie verwerp dit; tog is daar dele in die Samyutta-nikaya van die Pali-kanon wat blykbaar die idee steun dat die Boeddha vertel het van so ’n tussenvlak. Lyding: oorsake en oplossings Die Vier Edel Waarhede Die leringe oor die Vier Edel Waarhede word beskou as sentraal tot die leerstellings van Boeddhisme en verskaf ’n konsepraamwerk vir Boeddhisme. Dié vier waarhede verduidelik die aard van dukkha, die oorsake daarvan en hoe dit oorkom kan word. Die vier waarhede is: Die waarheid van dukkha, of die aard daarvan: dit word gewoonlik vertaal as lyding, angstigheid, onvoldoendheid ens. en het drie aspekte: die ooglopende lyding van fisieke of geestelike siektes, veroudering en afsterwing; die angstigheid of stres van vashou aan dinge wat voortdurend verander; ’n subtiele ontevredenheid wat alle lewensvorme ervaar weens die feit dat alle lewensvorme verander, en deeltyds en sonder kern of inhoud is. Op dié vlak dui die term op ’n gebrek aan tevredenheid, ’n gevoel dat dinge nooit aan ons verwagtings of standaarde voldoen nie. Die waarheid van die oorsprong van dukkha. Die oorsprong kan bekend wees. Dit word gewoonlik verduidelik as begeertes (Pali: tanha, "dors"), bepaal deur onkunde (Pali: avidya). Op ’n dieper vlak word die grondoorsaak van dukkha beskou as onkunde oor die ware aard van realiteit. Die waarheid van die beëindiging van dukkha: dit is moontlik om dukkha te beëindig. Die waarheid van die weg wat lei tot die beëindiging van dukkha: daar is ’n Edel Agtvoudige Pad na die beëindiging van dukkha. Die Edel Agtvoudige Pad Die Edel Agtvoudige Pad bestaan uit agt verwante faktore of voorwaardes wat saam kan lei tot die beëindiging van dukkha. Dié agt faktore is: korrekte insig, korrekte bedoeling (gedagtes), korrekte rede, korrekte handeling, korrekte lewensonderhoud (beroep), korrekte inspanning, korrekte bewustheid en korrekte konsentrasie. Die faktore dui nie op "fases" wat die een ná die ander afgelê word soos op ’n gewone pad nie, maar is agt dimensies van ’n mens se optrede – geestelik en liggaamlik – wat onderling afhanklik werk en saam ’n volledige pad of lewenswyse definieer. Die agt faktore word gewoonlik in drie afdelings verdeel: Die vier verhewe geestestoestande Die vier verhewe geestestoestande, of Brahmaviharas, is vier Boeddhistiese deugde en die meditasiepraktyke om hulle te ontwikkel. Hulle word ook "die vier onmeetbares" (Sanskrit: apramāṇa, Pali: appamaññā) genoem. Volgens die Mettasutta in die Pali-kanon het Gautama Boeddha gemeen die ontwikkeling van die vier verhewe geestestoestande kan meebring dat die beoefenaar daarvan op ’n hoër vlak herbore word. Dié vier deugde is: Metta/maitri: liefde; die hoop dat dit met almal goed gaan Karuna: medelye; die hoop dat almal se lyding verminder Mudita: deernis; vreugde in die dade en geluk van ander Upekkha/upeksha: gelatenheid; om verlies en wins, lof en blaam, sukses en mislukking te leer aanvaar vir jouself én vir ander Aard van die bestaan Die konsep van bevryding (nirwana) – ’n basiese begrip in Boeddhisme – is nou verwant aan die oorkoming van onkunde (avidya), ’n basiese onbegrip of verkeerde idee van die aard van realiteit. In die ontwaking tot die ware aard van die self en alle verskynsels, ontwikkel ’n mens ’n onpartydigheid vir voorwerpe wat aan ’n mens "klou" en word jy verlos van lyding (dukkha) en die siklus van hergeboorte (samsara). Om dit te bereik, het die Boeddha aanbeveel, moet die mens kyk na dinge soos gekarakteriseer deur die "drie kenmerke van die bestaan". Die drie kenmerke van die bestaan Die drie kenmerke van die bestaan is verganklikheid, lyding en nie-self. Verganklikheid (Pali: anicca) is die Boeddhistiese idee dat alle dinge en ervarings veranderlik, onbestendig en verganklik is. Alles wat ons met ons sintuie kan ervaar, bestaan uit dele en die bestaan daarvan is afhanklik van eksterne voorwaardes. Goed ontstaan voortdurend en hou op bestaan. Omdat niks bly voortduur nie, het geen voorwerp of ervaring ’n inherente of vaste aard nie. Die liggaam weerspieël dié verganklikheid deur die verouderingsproses, die siklus van hergeboorte en enige ervaring van verlies. Omdat alles verganklik is, dien dit geen doel om daaraan vas te klou nie omdat dit net lyding meebring. Lyding (Pali: dukkha, Sanskrit duḥkha) is ook ’n sentrale begrip. Dit kan op verskeie maniere in Afrikaans vertaal word: lyding, pyn, ontevredenheid, hartseer, angstigheid, ongemak, vrees, stres, ongelukkigheid en frustrasie. Hoewel die woord "lyding" meestal gebruik word, is die filosofiese betekenis nader aan "ongerustheid". Die term "lyding" wek die indruk dat die Boeddhistiese siening pessimisties is, maar Boeddhisme is nie pessimisties of optimisties nie; dit is realisties. Die word "dukkha" word dikwels nie vertaal nie sodat dit ’n breër betekenis kan hê. Nie-self (Pali: anatta, Sanskrit: anātman) is die derde kenmerk van die bestaan. As ’n mens dit van naderby beskou, is geen verskynsel werklik "ek" of "myne" nie; dié begrippe word in die brein geskep. In Boeddhisme word anatta nie bedoel as ’n metafisiese stelling nie, maar as ’n manier om verlossing van lyding te kry. Die Boeddha het beide stellings "Ek het ’n self" en "Ek het nie ’n self nie" as ontologiese menings beskou wat ’n mens aan lyding blootstel. As die Boeddhis die konstant veranderende fisieke en geestelike aard ontleed van die dele (skandhas) waaruit ’n mens of voorwerp saamgestel is, kom hy tot die gevolgtrekking dat nie die onderskeie dele of die geheel ’n self het nie. Afhanklike ontstaan Die leerstelling van pratityasamutpada, of afhanklike ontstaan, is ’n belangrike deel van Boeddhistiese metafisika. Daarvolgens ontstaan verskynsels saam in ’n wedersyds interafhanklike web van oorsaak en effek. Die beste toepassing van die begrip is die Twaalf Nidanas (uit Pali: "oorsake", "fondamente", "bronne van oorsprong"), wat die herhaling van die siklus van geboorte en die dood in besonderhede beskryf. Daar is ’n verband tussen die kenmerke van die siklus, en elk gee aanleiding tot die volgende een: Avidya: onkunde, veral ’n spirituele onkunde oor die aard van realiteit; Samskaras: formasie, wat verwys na karma; Vijnana: bewustheid, veral onderskeid makend; Namarupa: letterlik naam en vorm, wat verwys na gees en liggaam; Sadayatana: die ses liggings van die sintuie: oog, oor, neus, tong, liggaam en brein; Sparaa: kontak, indruk of stimulasie (deur ’n sintuiglike voorwerp); Vedana: gevoel, dus of iets aangenaam, onaangenaam of neutraal is; Trsna: letterlik dors, maar in Boeddhisme beteken dit begeertes of verlangens; Upadana: vasklouing; dit beteken ook brandstof, wat die siklus van geboorte en die dood voed; Bhava: letterlik bestaan of word (die Theravada verduidelik dit as karma, wat ’n nuwe bestaan meebring, en die bestaan self); Jati: letterlik geboorte, hoewel die lewe in Boeddhisme by bevrugting begin; Jaramarana: (ouderdom en die dood) en ook soka, parideva, dukkha, domanassa en upayasa (hartseer, roubeklag, pyn, beproewing en wanhoop). Wesens ly deur die hele siklus van geboorte en die dood totdat hulle hulself bevry van dié lyding (dukkha) deur nirwana te behaal. Dan lei die afwesigheid van die eerste nidana – onkunde – tot die afwesigheid van die ander. Bevryding Nirwana Nirwana (Sanskrit: nirvana; Pali: nibbana) beteken "beëindiging" of "uitwissing" – van tanha (begeertes) en avidya (onkunde), en dus dukkha (lyding) en die siklus van geboorte en die dood. Dit staan in die Weste ook as "verligting" of "ontwaking" bekend. Die term vir enigiemand wat nirwana behaal het, ook die Boeddha, is arhat. Bodhi is ’n term wat gebruik word vir die ervaring van arhats "om te ontwaak". Dit beteken letterlik "ontwaking", maar word meer dikwels in Afrikaans ook as "verligting" vertaal. In vroeë Boeddhisme het bodhi dieselfde betekenis as nirwana gehad en het dit gedui op die uitwissing van raga (gulsigheid, begeerte), dosa (haat, afkeer) en moha (delusie). In die latere Mahayana-skool is die status van nirwana in sommige geskrifte effens verlaag sodat dit net die uitwissing van begeerte en haat beteken het, met die sinspeling dat delusie steeds teenwoordig was in iemand wat nirwana behaal het en dat hy bodhi moes behaal om delusie uit te wis. Daarom het ’n arhat in die Mahayana-tradisie net nirwana behaal, terwyl ’n bodhisattva ook ten volle van delusie bevry is. Deur bodhi te behaal, het hy ’n boeddha geword. In Theravada-Boeddhisme het beide bodhi en nirwana die betekenis van bevryding van begeerte, haat en delusie. Die term parinirwana word ook in Boeddhisme aangetref, en verwys gewoonlik na die volle nirwana wat ’n arhat behaal met sy dood, wanneer die fisieke liggaam vergaan. Boeddhas Volgens die Bhoeddistiese tradisie is ’n Boeddha ’n ten volle verligte wese wat bevry is van begeerte, haat en onkunde. Hy word nie meer deur samsara beïnvloed nie en het die lyding beëindig wat ander wesens nog ervaar. Siddhartha Gautama word nie as die enigste Boeddha beskou nie. Die Pali-kanon verwys na talle vorige Boeddhas (sien Lys van bekende Boeddhas), terwyl die Mahayana-tradisie nog baie Boeddhas van hemelse eerder as historiese oorsprong noem. ’n Algemene geloof is dat die volgende Boeddha se naam Maitreya sal wees. Theravada-Boeddhisme In die Theravada-tradisie kan ’n persoon ontwaak word uit die "slaap van onkunde" deur die ware aard van realiteit te besef; sulke mense word arhats genoem en soms boeddhas. Ná talle lewens van spirituele najaging het hulle die einde van die siklus van hergeboorte bereik en word hulle nie meer as mens, dier, gees of ander wese gereïnkarneer nie. Die Pali-kanon klassifiseer dié verligte wesens in drie soorte: Sammasamboeddha, gewoonlik net die Boeddha genoem, wat die waarheid self ontdek het en die weg na verligting aan ander leer; Pratyekaboeddha, wat die waarheid self ontdek het, maar nie die vermoë het om ander te leer nie; Savakaboeddha, wat die waarheid direk of indirek van ’n Sammasamboeddha ontvang het. Bodhi en nirwana het dieselfde betekenis: van ’n wese wat bevry is van begeertes, haat en delusie. Mahayana-Boeddhisme In die Mahayana-tradisie word die Boeddha dikwels nie as bloot menslik beskou nie, maar as die aardse uitbeelding van ’n begin- en eindlose, alomteenwoordige wese buite die grense van die denke. In sekere Mahayana-soetras word die Boeddha, dharma en sangha beskou as wesentlik Een: al drie is die ewige Boeddha self. Die Boeddha se dood word beskou as ’n illusie; hy lewe voort op ander vlakke van die lewe en monnike word dus toegelaat om "nuwe waarhede" te ontdek wat op dié denkrigting geskoei is. Mahayana verskil ook van Theravada in sy begrip van sunyata (dat niks op die ou end ’n bestaan het nie) en in sy geloof in bodhisattvas (verligte mense wat ’n gelofte aflê om aanhou herbore te word totdat alle wesens verlig is). Die Mahayana aanvaar bykomende geskrifte en plaas klem op die ideaal van die bodhisattvas. Hulle bemoei hulle minder met die tradisionele Boeddhistiese klem op verlossing van dukkha en lê eerder ’n belofte af om in dié wêreld te bly om alle wesens, sonder uitsondering, te bevry en te help om nirwana te bereik. Suiwer Land-Boeddhisme Suiwer Land-Boeddhisme is ’n wydverspreide en dalk die mees geloofsgeoriënteerde uitlewing van Boeddhisme. Hul sentrale oortuiging is dat die geloof in Amitabha Boeddha en dreunsang ter ere van sy naam iemand by sy dood bevry tot die geseënde Suiwer Land van Amitabha Boeddha. Hierdie Boeddhistiese vlak word beskou as ’n voorsmaak van nirwana, of as nirwana self. Die belofte van Amitabha Boeddha om alle wesens van samsara-lyding te red, word in dié tradisie beskou as universeel, solank iemand óf in die krag van die belofte glo óf sy naam dreunsing. Boeddha-eons Boeddhiste glo Gautama Boeddha was die eerste een wat in hierdie Boeddha-eon verligting behaal het en dus kry hy die erkenning vir die stigting van Boeddhisme. ’n Boeddha-eon, of kalpa, is die deel van die geskiedenis waarin mense die leringe van die vroegste "bekende" Boeddha onthou en beoefen. Die huidige kalpa sal eindig wanneer al die kennis, bewyse en leringe van Gautama Boeddha verdwyn het. Baie kalpas het deur die geskiedenis van die mens se bestaan begin en geëindig. Gautama Boeddha is dus "die Boeddha van hierdie era" wat alle ander Boeddhas daarin regstreeks en onregstreeks onderrig het. Daarbenewens glo Mahayana-Boeddhiste dat daar talle ander Boeddhas in ander heelalle was. Die Theravada-gemeenskap glo Boeddhas kom een-een na vore in hierdie wêreld, en geensins in ander wêrelde nie. Die begrip van hierdie saak word wyd weerspieël in verskillende interpretasies van basiese terme tussen die verskillende Boeddhistiese skole. Bodhisattvas Bodhisattva beteken "verligte wese" en verwys oor die algemeen na iemand op pad na boeddhaskap. ’n Bodhisattva is tradisioneel iemand wat deur groot meelewing bodhicitta opgewek het – ’n spontane begeerte om boeddhaskap te bereik tot voordeel van alle wesens. Theravada-Boeddhisme gebruik die term hoofsaaklik om te verwys na Gautama Boeddha se vorige lewens, maar erken en respekteer ook die ander betekenis daarvan. Mahayana-Boeddhisme moedig almal aan om bodhisattvas te word en die bodhisattva-belofte af te lê: om te werk vir die volledige verligting van alle wesens. Die beoefening van Boeddhisme Aanbidding Verering is ’n belangrike deel van die beoefening van Boeddhisme. Dit sluit in buigings, offerandes, pelgrimstogte en dreunsang. In Suiwer Land-Boeddhisme is die verering van Amitabha Boeddha die hoofpraktyk en in Nichiren-Boeddhisme die verering van die Lotussoetra. Joga Boeddhisme sluit tradisioneel meditasie (Pali: jhana, Sanskrit: dhyāna) in. Die oudste vermeldings van joga word in die vroegste preke van die Boeddha aangetref. ’n Sleutelaspek van die Boeddha se leringe was dat meditasie gekombineer moes word met bevrydende bewustheid. Daar is groot verskille tussen die Boeddha se leringe en die joga wat in die vroeëre Brahmaanse tekste aangetref word. Meditasie alleen was volgens die Boeddha nie bevrydend nie. Om gedagtes heeltemal af te sluit, moes ’n soort geestelike aktiwiteit plaasvind: ’n bevrydende bewustheid. Meditasie was ’n aspek van die jogi's se praktyke in die eeue voor die Boeddha. Die Boeddha het voortgebou op hul idee van introspeksie en het hul meditasietegnieke uitgebrei, maar hy het hul teorieë oor bevryding verwerp. In Boeddhisme moet bewustheid te alle tye ontwikkel word; voorheen was daar geen sulke aanwysings nie. ’n Jogi in die Brahmaanse tradisie mag byvoorbeeld nie op die toilet gemediteer het nie, terwyl ’n Boeddhistemonnik dit behoort te doen. Die Boeddhistiese geskrifte is waarskynlik die vroegste voorskriftelike meditasietegnieke. Dit beskryf praktyke en toestande wat voor die Boeddha bestaan het asook dié wat die eerste keer in Boeddhisme ontwikkel is. Toevlug tot die Drie Juwele Die eerste stap in die meeste Boeddhisteskole behels die neem van toevlug tot die Drie Juwele (Sanskrit: tri-ratna, Pali: ti-ratana) as die fondament van iemand se geloofslewe. Die gebruik om toevlug te neem namens ’n jong of selfs ongebore kind word ook genoem in die Majjhima-nikaya, wat deur die meeste geleerdes as ’n vroeë teks erken word. Die Tibettaanse Boeddhisme voeg soms ’n vierde toevlug by: in die lama. In Mahayana-Boeddhisme lê iemand wat die bodhisattva-pad kies ’n belofte af, wat beskou word as die uiterste uitdrukking van barmhartigheid. Volgens Mahayana bevat die Drie Juwele ’n ewige en onveranderende essensie en het dit ’n onomkeerbare uitwerking: iemand wat boeddhaskap behaal het, kan nooit weer terugkeer tot lyding nie. Die Drie Juwele is: Die boeddha: dit is die titel van dié wat nirwana behaal het. Die boeddha kan ook as ’n konsep eerder as ’n spesifieke persoon voorgestel word: die perfekte wysheid wat dharma verstaan en realiteit in sy ware vorm sien. In Mahayana kan die boeddha ook beskou word as die opperste toevlug: "Boeddha is die Onverganklike, Ewige, Onvernietigbare en Absolute Toevlug." Die dharma: die leringe of natuurwet soos uiteengesit deur Gautama Boeddha. Dit kan ook, veral in Mahayana, dui op die uiterste en behoudende realiteit wat onskeibaar is van die Boeddha. Volgens sekere Mahayana-sienings kan die dharma, in die vorm van ’n groot soetra (Boeddhistiese geskrif) die behoefte aan ’n persoonlike onderwyser vervang en ’n direkte en spontane poort na die waarheid (dharma) wees. Dit is veral waar van die Lotus-soetra. Volgens Hiroshi Kanno is dit ’n "poort tot dharma waardeur iemand spontaan ontwaak, sonder om van ’n onderwyser gebruik te maak". Die sangha: mense wat enige van die "vier vlakke van verligting" behaal het, of bloot die gemeenskap van Boeddhiste-aanhangers. Die monnike-orde wat in Gautama Boeddha se leeftyd gestig is, is een van die oudste organisasies op aarde. Volgens die Boeddhistiese geskrifte het Gautama Boeddha homself voorgehou as ’n model. Die dharma bied ’n toevlug deur riglyne te verskaf vir die beëindiging van lyding en die behaling van nirwana. Die sangha verskaf ’n toevlug deur die ware leringe van Gautama Boeddha te bewaar en as verdere voorbeeld dat die waarheid van die Boeddha se leringe haalbaar is. Boeddhistiese etiek Sila (Sanskrit: śīla, Pali: sīla) word gewoonlik vertaal as "deugsame gedrag", "moraliteit", "etiek" of "grondreël". Dit is gedrag met die liggaam, woorde of gedagtes, en behels ’n doelgerigte inspanning. Dit is een van die "drie praktyke" (sila, samadhi en panya) en die tweede paramita. Dit verwys na morele reinheid van gedagtes, woord en daad. Sila is die basis van samadhi (peinsende ontwikkeling) of gedagteontwikkeling. Om by die grondreëls te hou kry ’n persoon nie net vrede van gemoed, wat intern is, nie; dit lei ook tot vrede in die gemeenskap, wat ekstern is. Volgens die Wet van Karma is die nakoming van die grondreëls verdienstelik en het dit ’n vreedsame en gelukkige uitwerking. Dit voorkom ook dat ’n persoon tot die vier laer vlakke van die bestaan herbore word. Sila verwys na die algemene beginsels van etiese gedrag. Daar is verskeie vlakke van sila wat ooreenstem met "basiese moraliteit" (vyf grondreëls), "basiese moraliteit met asketisme" (agt grondreëls), "nuwe monnikskap" (tien grondreëls) en "monnikskap" (vinaya of patimokkha). Oningewyde volgelinge (leke) lewe gewoonlik volgens die vyf grondreëls, wat dieselfde in al die Boeddhisteskole is. As hulle wil, kan hulle die agt grondreëls nakom, wat basiese asketisme insluit. Die vyf grondreëls stel jou in staat om ’n beter lewe te lei waarin jy gelukkig en kommerloos is en ook kan mediteer: Om jou te weerhou daarvan om ’n lewe te neem (moenie geweld teenoor ander pleeg nie); Om jou te weerhou daarvan om te neem wat nie aan jou gegee is nie (moenie steel nie); Om jou te weerhou van sensuele (insluitende seksuele) wangedrag; Om jou te weerhou daarvan om te jok (praat altyd die waarheid); Om jou te weerhou van bedwelmende middels wat lei tot ’n gebrek aan bewustheid (veral dwelms en alkohol). Die grondreëls is nie in die bevelsvorm opgestel nie, maar dien as riglyne wat ’n mens vrywillig kan volg. Die ontwikkeling van etiese gedrag verfyn bewustheid tot so ’n vlak dat hergeboorte tot een van die laer hemele moontlik is, selfs al is daar geen verdere beoefening van Boeddhisme nie. Daar is niks onvanpas of on-Boeddhisties daaraan om jou tot dié vlak van vervulling te beperk nie. In die agt grondreëls is die agtste reël oor seksuele wangedrag strenger, en word dit ’n grondreël van selibaat. Die drie bykomende reëls is: 6. Om jou te weerhou daarvan om op die verkeerde tyd te eet (eet net tussen sonsopkoms en twaalfuur die middag); 7. Om jou te weerhou daarvan om te dans en musiek te speel, juweliersware en grimering te dra, of konserte en vertonings by te woon; 8. Om jou te weerhou daarvan om hoë of luukse sitplekke en beddens te gebruik. Die volledige lys van tien grondreëls kan vir kort rukke deur leke gevolg word. Hiervoor word die sewende reël in twee verdeel en ’n tiende bygevoeg: 6. Om jou te weerhou daarvan om op die verkeerde tyd te eet (dus ná middagete); 7. Om jou te weerhou van dans, musiek, sing en onbetaamlike vertonings; 8. Om jou te weerhou van die gebruik van parfuum, olie, juwele en dinge wat (jou) mooimaak en versier; 9. Om jou te weerhou daarvan om hoë of luukse sitplekke en beddens te gebruik. 10. Om jou te weerhou daarvan om goud en silwer te aanvaar. Kloosterlewe Hoofartikel: Boeddhistiese kloosterlewe. Vinaya is die spesifieke morele kode vir monnike en nonne. Dit sluit die patimokkha in wat ’n stel van 227 reëls is vir monnike in die Theravada-tradisie. Die spesifieke inhoud van die grondreëls verskil van skool tot skool en die graad van gehoorsaamheid aan die reëls wat vereis word, verskil ook. Nuwe monnike volg die tien grondreëls, wat die basiese reëls vir ’n kloosterlewe is. Volgens die Boeddha is dit die gees wat belangrik is by die nakoming van die grondreëls. Die reëls is egter so saamgestel dat dit ’n bevredigende lewe verseker en die ideale wegspringplek is vir groter vervulling. Kloosterlinge kry opdrag van die Boeddha om soos ’n "eiland van hul eie" te lewe. In dié sin is die lewe volgens die vinaya, soos een geleerde dit beskryf: "meer as ’n middel tot ’n doel: dit is amper die doel self". In Oosterse Boeddhisme is daar ook ’n spesifieke vinaya en etiese reëls in die Mahayana-tradisie se Brahmajala-soetra vir bodhisattvas, waar die eet van vleis byvoorbeeld afgekeur word en vegetarisme aangemoedig word. In Japan het dié soetra die klooster-vinaya feitlik heeltemal vervang, en dit laat kloosterlinge onder meer toe om te trou. Meditasie Boeddhistiese meditasie behels hoofsaaklik twee aspekte: om gedagtes te omvorm en dit te gebruik om dié gedagtes en ander verskynsels te verken. Volgens die Theravada-tradisie het die Boeddha twee soorte meditasie voorgestaan: samatha- en vipassana-meditasie. Dié soorte meditasies kom ook in die Chinese Boeddhisme voor, maar daar is Zen gewilder. Volgens Peter Harvey is dit nie net monnike, nonne en getroude lamas wat mediteer nie, maar ook leke. Samadhi (peinsende ontwikkeling): samatha-meditasie Die belangrikste manier om samadhi te ontwikkel, is meditasie. Dit reinig die gees en dié word kalm en helder. Sodra die een wat mediteer ’n sterk en kragtige konsentrasie (jhana) behaal het, is sy gees gereed om insig te kry in die ware aard van die werklikheid en word dit eindelik verlos van alle lyding. Die ontwikkeling van bewustheid is noodsaaklik vir geestelike konsentrasie, wat weer nodig is om insig te kry. Samatha-meditasie begin wanneer iemand bewus raak van ’n voorwerp of idee, en dit het ’n uitwerking op sy liggaam, gees en volle omgewing. Dit lei tot ’n toestand van totale konsentrasie en kalmte. Daar is baie verskillende meditasiestyle, van kruisbeen sit of kniel tot dreunsing en loop. Die algemeenste metode is om op ’n mens se asemhaling te konsentreer, want dit kan lei tot beide samatha en vipassana. Daar word geglo terwyl samatha-meditasie die gees kan kalmeer, kan net vipassana-meditasie onthul hoe die gees in die eerste plek verontrus is, en dit lei tot vipassana, insigtelike kennis (jnana) en begrip (prajna), en dus tot nirwana. Wanneer iemand in jhana is, word alle onreinhede tydelik onderdruk. Dié word net heeltemal onderdruk wanneer die mens prajna of vipassana verstaan. In Theravada In Theravada-Boeddhisme is begeertes die oorsaak van die menslike bestaan en lyding. Begeertes veroorsaak verskillende onreinhede. Hierdie onreinhede word tradisioneel opgesom as gulsigheid, haat en delusie en dit veroorsaak lyding en stres. Om bevry te word van lyding en stres, moet hierdie onreinhede permanent verwyder word deur interne ondersoek, ontleding, ervaring en begrip van die ware aard daarvan deur jhana, ’n tegniek van die Edel Agtvoudige Pad, te gebruik. Dit kan ’n persoon lei tot die Vier Edel Waarhede, verligting en nirwana. Laasgenoemde is die uiteindelike doel in die Theravada-tradisie. Prajna (wysheid): vipassana-meditasie Prajna beteken wysheid wat gegrond is op ’n begrip van afhanklike ontstaan, die Vier Edel Waarhede en die drie kenmerke van die bestaan. Dit is die wysheid wat lyding kan beëindig en verligting kan meebring. Dit is die belangrikste manier om nirwana te behaal. Aanvanklik word prajna bereik deur waarnemingsbegrip: deur te luister na dienste en voorlesings, studies en soms die opsê van Boeddhistiese tekste en besprekings. Wanneer dié begrip bereik word, kan dit op die alledaagse lewe van toepassing gemaak word sodat elke Boeddhis die waarheid van die Boeddha se leringe op ’n praktiese vlak kan ondervind. In die teorie kan ’n mens nirwana tydens enige praktyk behaal: terwyl jy mediteer, na ’n diens luister of tydens enige alledaagse aktiwiteit. Zen Hoofartikel: Zen. Zen (禅), uitgespreek chán in Chinees, seon in Koreaans of zen in Japannees (afgelei van die Sanskrit-term dhyana, "meditasie"), is ’n vorm van Boeddhisme wat gewild geword het in China, Korea en Japan en klem lê op meditasie. Daar is minder fokus op geskrifte as in sommige ander vorme van Boeddhisme, en meer fokus op ’n regstreekse geestelike besef van realiteit. Zen-Boeddhisme word verdeel in twee primêre skole: Rinzai en Soto. Eersgenoemde verkies die gebruik van meditasievrae (koans) as ’n middel tot ’n spirituele deurbraak. Laasgenoemde (hoewel hulle van koans gebruik maak) lê groter klem op shikantaza, of "net sit". Zen-leringe is dikwels vol teenstellings om die houvas op die ego te verminder en die deurdringing tot op die vlak van die Ware Self of Vormlose Self te vergemaklik wat aan die Boeddha self gelykgestel word. Volgens die Zen-meester Kosho Uchiyama vind ’n begrip van die universele, nietweeledige Self plaas wanneer iemand gedagtes oor die klein "Ek" te bowe kom: "Wanneer ons afsien van gedagtes en ontwaak tot die realiteit van die lewe buite dié gedagtes, ontdek ons die Self van ’n universele, nietweeledige lewe (voor die verdeling in twee) wat alle lewende wesens en alle bestaan deurdring." Gedagtes moet dus nie toegelaat word om iemand in te perk nie. Vajrayana en tantra Hoewel Tibettaanse Boeddhisme op Mahayana geskoei is, is dit een van die skole wat vajrayana, of "die Diamantvoertuig" (ook Mantrayana, Tantrayana, Tantriese Boeddhisme of esoteriese Boeddhisme genoem), beoefen. Dit aanvaar al die basiese begrippe van Mahayana, maar sluit ’n groot getal spirituele en fisieke tegnieke in wat ontwerp is om die beoefening van Boeddhisme tot ’n hoër vlak te verhef. Tantriese Boeddhisme het in ’n groot mate te doen met rituele en meditasiepraktyke. Een aspek van vajrayana is die inspan van psigo-fisieke energie deur rituele, visualiserings, fisieke oefeninge en meditasie as ’n manier om die gees te ontwikkel. Deur dié tegnieke kan iemand boeddhaskap in een leeftyd behaal, of selfs in drie jaar. Dié praktyke kan seksuele joga insluit, maar net vir sommige gevorderde beoefenaars. Geskiedenis Filosofiese grondslag Die historiese grondslag van Boeddhisme lê in die godsdienstige denkrigtings van antieke Indië tydens die tweede helfte van die 1ste millennium v.C. Dit was ’n tydperk van sosiale en godsdienstige onrus omdat daar aansienlike ontevredenheid was met die praktyke van Vediese Brahmanisme. Laasgenoemde is teengestaan deur verskeie nuwe asketiese godsdienstige en filosofiese groepe en leringe wat weggebreek het van die Brahmaanse tradisie en wat die gesag van die Vediese heilige geskrifte en die Brahmane verwerp het. Hierdie groepe, waarvan die lede as shramanas bekend was, was ’n voortsetting van ’n nie-Vediese rigting van Indiese denkrigtings afsonderlik van Indo-Ariese Brahmanisme. Geleerdes glo idees soos samsara, karma en moksha het hul oorsprong in die shramanas en is later deur die Brahmaanse ortodoksie aanvaar. Boeddhisme het ontstaan in Groter Magadha, wat as nie-Vedies beskou is. Ander Vediese tekste getuig van ’n afkeer van die mense van Magadha, waarskynlik omdat hulle nie in dié tyd gebrahmaniseer was nie. Die ooswaartse verspreiding van Brahmanisme na Groter Magadha het eers in die 2de of 3de eeu v.C. aansienlike afmetings aangeneem. Idees wat voor dié tyd in Groter Magadha ontwikkel het, was nie onderworpe aan Vediese invloed nie. Dit sluit hergeboorte en karma in, wat voorgekom het in ’n paar bewegings in Groter Magadha, onder meer Boeddhisme. Dié bewegings het die idee van hergeboorte en karma uit ’n vroeëre kultuur oorgeneem. Terselfdertyd is dié bewegings beïnvloed deur filosofiese denkrigtings binne die Vediese tradisie en was dit in ’n sin ’n voortsetting daarvan. Benewens Boeddhisme het die bewegings verskeie skeptici, atomiste, materialiste, antinomianiste en Djaina ingesluit. Baie van dié bewegings het dieselfde woordeskat gedeel: atman, ("self"), boeddha ("verligte een"), dhamma ("reël" of "wet"), karma ("aksie"), nirwana ("beëindiging"), samsara ("ewige herhaling") en joga ("geestelike oefening"). Die shramanas het die Veda verwerp, asook die gesag van die Brahmane wat beweer het hulle besit geopenbaarde waarhede wat nie deur enige normale menslike metode bekend was nie. Die shramanas het verder verklaar die hele Brahmaanse stelsel was ’n bedrogspul: ’n sameswering van die Brahmane om hulself te verryk deur buitensporige fooie te vra om valse rituele uit te voer en nuttelose raad te gee. ’n Besondere kritiek van die Boeddha was Vediese diere-offerandes. Volgens hom was die Vediese priesters soos blindes wat die blindes lei en het hulle niks geweet nie. Die Boeddha was egter nie teen die suiwer vorm van die Vediese religie nie; hy het geglo die oorspronklike vorm is deur ’n paar Brahmane verander om diere-offerandes in te sluit. Hy het verklaar die Brahmane se pogings om bevryding by die dood te behaal, is futiel en het sy nuwe idee van bevryding in ’n mens se leeftyd gepredik. Intussen het die tradisionele Brahmaanse godsdiens groot veranderings ondergaan en begin verander in wat beskou word as vroeë Hindoeïsme. Indiese Boeddhisme Die geskiedenis van Indiese Boeddhisme kan in vyf tydperke verdeel word: vroeë Boeddhisme (soms Presektariese Boeddhisme genoem), vroeë Boeddhistiese skole, vroeë Mahayana-Boeddhisme, latere Mahayana-Boeddhisme en Esoteriese Boeddhisme (ook Vajrayana-Boeddhisme genoem). Presektariese Boeddhisme Presektariese Boeddhisme is die vroegste fase van Boeddhisme, en word deur feitlik alle geleerdes aanvaar. Die hoofgeskrifte daarvan is die Vinaya-pitaka en die eerste vier dele van die Sutta-pitaka. Sekere basiese leringe kom op baie plekke voor in die vroeë tekste en die meeste geleerdes glo Gautama Boeddha se preke moes soortgelyk gewees het aan die drie kenmerke van die bestaan, die Vyf Basiese Aspekte, afhanklike ontstaan, karma en hergeboorte, die Vier Edel Waarhede, die Edel Agtvoudige Pad en nirwana. Sommige geleerdes verskil en daar bestaan baie ander teorieë. Vroeë Boeddhistiese skole Volgens die geskrifte is die eerste Boeddhistiese konsilie gehou kort ná die parinirwana (volle nirwana, of dood) van Gautama Boeddha. Soos met die meeste ander Indiese tradisies is die leringe mondelings oorgedra. Die hoofdoel van die konsilie was om die leringe saam voor te dra om te verseker geen foute sluip in die mondelinge oordrag in nie. Die meeste geleerdes beskou die tradisionele weergawes van die konsilie egter as grootliks oordrewe, indien nie heeltemal fiktief nie. Volgens die meeste geleerdes het die sangha (gemeenskap) ná die tweede konsilie in verskillende faksies begin verdeel. Daar is meningsverskille oor presies wanneer die skeuring plaasgevind het. Volgens die Dipavamsa van die Pali-tradisie het dit kort ná die tweede konsilie plaasgevind, maar volgens die Puggalavada-tradisie het dit in "137 ná nirwana" gebeur, volgens die Sarvastivada-tradisie van Vasumitra in die tyd van Asjoka en volgens die Mahasanghika-tradisie veel later, omstreeks 100 v.C. Die primêre skeuring was tussen die Sthaviras en die Mahasanghikas. Gelukkig het albei kante se weergawes van die gebeure behoue gebly en dit openbaar uiteenlopende menings oor die oorsake. Uit die Sthaviras het verskeie skole ontstaan, onder meer die Theravada-tradisie. Die skeurings is aanvanklik veroorsaak deur verskille oor die grondreëls vir kloosters, maar teen omstreeks 100 n.C. of vroeër het skeurings ook voorgekom weens verskille in leerstellings. Kort ná of voor die skeurings het elke sangha begin om ’n Abhidharma saam te stel – ’n gedetailleerde bewerking van leerstellings wat in die soetras voorkom en hoofsaaklik opsommings van numeriese lyste was. Geleerdes glo dié tekste dateer van die 3de eeu v.C., dus 100 tot 200 jaar ná die Boeddha se dood. Die sewe Abhidharma-werke, wat in ’n groot mate verskil, word dus nie beskou as die woorde van die Boeddha self nie, maar as dié van dissipels en groot geleerdes van die tyd. Vroeë Mahayana-Boeddhisme Daar word geglo baie vroeë Mahayana-geskrifte het in Suid-Indië ontstaan. Aanduidings is dat Mahayana nooit na ’n aparte amptelike skool of sekte van Boeddhisme verwys het nie, maar eerder dat dit ’n sekere stel ideale, en later leerstellings, gehad het vir bodhisattvas. Dit was aanvanklik bekend as "Bodhisattvayana" (die "Voertuig vir Bodhisattvas"). Hulle het nie ander grondreëls in die kloosters gehad as die ander vroeë Boeddhistiese skole nie en daarom het die monnike en nonne van Mahayana amptelik tot die vroeë skole behoort. Dieselfde geld vandag vir die Tibettaanse Boeddhisme. Mahayana-monnike het dikwels saam met ander Indiese monnike in dieselfde kloosters gewoon. Latere Mahayana-Boeddhisme In die tydperk van Latere Mahayana-Boeddhisme het vier hoofsoorte denkrigtings ontstaan: Madhyamaka, Yogacara, Tathagatagarbha en latere Boeddhistiese Logika. In Indië was die twee belangrikste filosofiese skole van Mahayana die Madhyamaka en Yogacara. Dié twee skole het baie gemeen en die ooreenkoms stam uit die vroeë Boeddhisme. Vajrayana (Esoteriese Boeddhisme) Navorsing oor Vajrayana is nog in ’n vroeë stadium en word deur verskeie faktore bemoeilik: Dit is beïnvloed deur Hindoeïsme en daarom moet navorsing Hindoeïsme insluit. Die Vajrayana-geskrifte is nog nie in enige volgorde gerangskik nie. Rituele moet ook nagevors word, nie net leerstelings nie. Die ontwikkeling van Boeddhisme Boeddhisme het dalk stadig in Indië versprei tot met die tyd van die Maurya-keiser Asjoka, wat die geloof ondersteun het. Sy en sy afstammelinge se steun het gelei tot die bou van nog Boeddhistiese stoepas en tot pogings om Boeddhisme deur die groter Maurya-ryk en selfs na naburige lande te versprei – veral na die Iranssprekende streke van Afghanistan en Sentraal-Asië, en na Sri Lanka. Hierdie twee sendings, in teenoorgestelde rigtings, sou in die eerste plek lei tot die verspreiding van Boeddhisme na China en in die tweede plek tot die ontstaan van Theravada-Boeddhisme en die verspreiding daarvan na die kusstreke van Suidoos-Asië. Dit was die eerste uitbreiding van Boeddhisme na buite Indië. Volgens die edikte van Asjoka is afgesante gestuur na verskeie lande wes van Indië om Boeddhisme te verkondig, veral na oostelike provinsies van die aangrensende Seleukidiese Ryk en selfs verder na Hellenistiese koninkryke van die Middellandse See-gebied. Geleerdes verskil oor die moontlikheid dat dié afgesante vergesel was van Boeddhistiese sendelinge. Die geleidelike verspreiding van Boeddhisme na aangrensende gebiede het beteken dat dit aan nuwe etniese groepe bekendgestel is, en Boeddhisme is dus in dié tyd aan ’n verskeidenheid invloede blootgestel: van Persiese en Griekse invloede tot veranderings in nie-Boeddhistiese Indiese godsdienste – wat self weer deur Boeddhisme beïnvloed is. Voorbeelde van dié ontwikkeling kan gesien word in die opkoms van Griekssprekende Boeddhistiese monarge in die Indies-Griekse Koninkryk en in die ontwikkeling van die Grieks-Boeddhistiese kuns van Gandhara. Die Theravada-skool het in die 3de eeu v.C. van Indië af suid versprei na Sri Lanka, Thailand en Birma en later ook Indonesië. In die 2de eeu n.C. het die Mahayana-soetras na Sjina versprei en toe na Korea en Japan, en is dit in Chinees vertaal. In die Indiese tydperk van Esoteriese Boeddhisme (van die 8ste eeu af) het Boeddhisme van Indië na Tibet en Mongolië versprei. Boeddhisme vandag Teen die laat Middeleeue het Boeddhisme in Indië feitlik uitgesterf, hoewel dit in naburige lande voortbestaan het. Dit word nou weer wêreldwyd gewilder. Die meeste Boeddhistegroepe in die Weste behoort tot een van die volgende drie tradisies: Theravada-Boeddhisme, wat Pali as liturgiese taal gebruik, is die oorheersende vorm van Boeddhisme in Sri Lanka, Thailand, Birma, Laos en Kambodja. Oos-Asiatiese vorms van Mahayana-Boeddhisme, wat Chinees gebruik, oorheers veral in China, Japan, Korea, Taiwan, Singapoer en Viëtnam. Tibettaanse Boeddhisme kom voor in Tibet, Bhoetan, Nepal, Mongolië, dele van Indië, China (veral Binne-Mongolië) en Rusland (veral Kalmikië, Boerjatië en Tiwa). Die leerstellings van al drie takke het deur die wêreld versprei en al hoe meer Boeddhistiese geskrifte word in verskillende tale vertaal. In die Weste word Boeddhisme dikwels as eksoties en progressief beskou, maar in die Ooste word dit gesien as familiêr en tradisioneel. Boeddhiste in Asië is dikwels goed georganiseer en kry baie skenkings. In lande soos Kambodja en Bhoetan word dit as ’n staatsgodsdiens beskou en kry dit steun van die regering. Moderne invloede lei al hoe meer tot nuwe vorme van Boeddhisme wat aansienlik van die tradisionele geloofsoortuigings en praktyke afwyk. Laat 20ste-eeuse bewegings ’n Aantal moderne bewegings of neigings in Boeddhisme het in die laaste helfte van die 20ste eeu begin posvat, onder meer die Dalit-Boeddhistebeweging (ook soms "neo-Boeddhisme" genoem), en verskeie Westerse Boeddhistiese tradisies is verder ontwikkel. Nog een van dié bewegings is Nichiren-Boeddhisme: Soka Gakkai het in Japan ontstaan en na ander lande versprei. Soka Gakkai Internasionaal (SGI) is ’n leke-beweging wat meer as 12 miljoen mense wêreldwyd lok en word beskryf as die "die mees uiteenlopende" en "grootste Boeddhistiese leke-beweging" in die wêreld. Demografie Boeddhisme het in die 2010's ’n geskatte 488 miljoen tot 535 miljoen volgelinge gehad, wat tussen 7% en 8% van die wêreld se bevolking uitmaak. Sjina alleen het sowat 244 miljoen Boeddhiste, wat 18,2% van sy bevolking is. Hulle volg meestal die Mahayana-tradisie, wat dit die grootste Boeddhistiese tradisie maak. Volgens ’n studie deur Harvey (2013) het Mahayana wêreldwyd 360 miljoen volgelinge, Theravada 150 miljoen en Vajrayana 18,2 miljoen. In 1910 was daar net sowat 138 miljoen Boeddhiste. Die grootste groei van 1910 tot 2010 is beleef in Pakistan, Saoedi-Arabië, Libanon en verskeie Wes-Europese lande. Deesdae neem aanhangers die vinnigste toe in Katar, die Verenigde Arabiese Emirate, Iran en sommige Afrika-lande. Die 10 lande met die grootste persentasie Boeddhiste is: Skole en tradisies Boeddhiste klassifiseer hulself gewoonlik as óf Theravada óf Mahayana. Sommige geleerdes gebruik ook dié klassifikasie, terwyl ander drie tradisies noem: Theravada, Oos-Asiatiese Boeddhisme en Tibettaanse Boeddhisme. Boeddhiste self het ’n verskeidenheid skemas. Die term Hinayana (letterlik "die Klein Voertuig") word deur volgelinge van Mahayana ("die Groot Voertuig") gebruik vir die groep vroeë skole waaruit Theravada ontstaan het, maar die naam weerspieël ’n Mahayana-oogpunt en kan as neerhalend beskou word. Daarom word ’n verskeidenheid ander terme eerder gebruik, soos Shravakayana, vroeë Boeddhistiese skole, Nikaya-, sektariese, konserwatiewe, hoofstroom- en nie-Mahayana-Boeddhisme. Nie al die tradisies deel dieselfde filosofie of beskou dieselfde begrippe as sentraal nie. Volgens die Boeddhistiese ekumeniese organisasie deel die twee groot skole verskeie begrippe, soos: Die Boeddha as hul leermeester. Die Middeweg, afhanklike ontstaan, die Vier Edel Waarhede, die Edel Agtvoudige Pad en die drie kenmerke van die bestaan. Die feit dat ingewyde lede (kloosterlinge) én oningewyde lede (leke) die pad na verligting (bodhi) kan volg. Boeddhaskap as die hoogste vervulling. Boeddhistiese tekste ’n Groot verskeidenheid Boeddhistiese geskrifte en ander tekste bestaan. Verskillende skole plaas klem op verskillende tekste. Sommige skole beskou die tekste as godsdienstige voorwerpe op hul eie, terwyl ander ’n meer skolastiese benadering volg. Die meeste Boeddhistiese geskrifte is geskryf in Pali, Tibettaans, Mongools en Chinees. Sommige is nog in Sanskrit. Anders as sommige ander godsdienste het Boeddhisme nie een sentrale teks wat algemeen in al die tradisies aanvaar word nie. Sommige geleerdes verwys egter na die Vinaya-pitaka en die eerste vier nikayas van die Sutta-pitaka as die gemeenskaplike kern van alle Boeddhistiese tradisies. Dit kan misleidend wees, aangesien Mahayana hulle net as voorlopige leerstellings beskou en nie as kernleringe nie. Die Tibettaanse Boeddhiste het die meeste van die agamas (sien volgende paragraaf) nie eens vertaal nie, al word dit erken. Dit speel ook geen rol in die godsdienslewe van óf ingewydes óf oningewydes in China en Japan nie. Die omvang en kompleksiteit van die Boeddhistiese kanons word deur sommige beskou as ’n struikelblok vir ’n groter begrip van die Boeddhistiese filosofie. Theravada-volgelinge beskou die Pali-kanon as definitief en gesaghebbend, terwyl Mahayana-volgelinge hul geloof en filosofie baseer op die Mahayana-soetras en hul eie vinaya (grondreëls). Die Pali-soetras word saam met ander, verwante geskrifte deur sommige skole die agamas genoem. Verskeie pogings is deur die jare aangewend om ’n enkele teks saam te stel wat al die belangrikste beginsels van Boeddhisme insluit. In die Theravada-tradisie bestaan verkorte "studietekste" in een volume vir nuwe monnike. Later is die Dhammapada in Sri Lanka as ’n saamgestelde teks beskou. Dwight Goddard het in die 1920's ’n versameling tekste met die klem op Zen en ander klassieke Oosterse filosofieë soos die Tao Te Ching, saamgevat in sy "Boeddhistebybel". Meer onlangs het dr. Babasaheb Ambedkar probeer om een gekombineerde stel Boeddhistiese beginsels saam te stel in "The Buddha and His Dhamma". Ondanks dié en ander pogings, is daar steeds geen enkele teks wat al die tradisies verteenwoordig nie. Verwysings Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia Bronne ; reprinted in Williams, Buddhism, volume I; NB in the online transcript a little text has been accidentally omitted: in section 4, between "... none of the other contributions in this section envisage a date before 420 B.C." and "to 350 B.C." insert "Akira Hirakawa defends the short chronology and Heinz Bechert himself sets a range from 400 B.C." Eliot, Japanese Buddhism, Edward Arnold, London, 1935 Goleman, Daniel (2008). Destructive Emotions: A Scientific Dialogue with the Dalai Lama. Bantam. Kindle Edition. Also available on this websites: saigon.com urbandharma.org vipassana.com ISBN 0-7734-5985-5. Eksterne skakels Soetras van Boeddha VVV oor Boeddhisme Religion and Spirituality: Buddhism by Open Directory Project Boeddhistetekste by Sacred Texts.com Boeddhisme in verskeie tale The Future of Buddhism series, van Patheos
26
https://af.wikipedia.org/wiki/Benue-Kongo-tale
Benue-Kongo-tale
Die Benue-Kongo-tale is die grootste taalgroep binne die Niger-Kongo-taalfamilie. Die taalfamilie is ná die Benue- en Kongoriviere genoem, twee van die vernaamste riviere in die verspreidingsgebied van dié tale. Die Benue-Kongo-tale bevat sowat 900 tale wat deur omtrent 270 miljoen mense in Afrika suid van die Sahara gebesig word. Enkele van die grootste tale in die groep word hieronder genoem. Bantoe- (of Ntu)-subgroep Nie-Bantoe- (-Ntu)-tale Eksterne skakels Niger-Kongo taal Taalfamilies
27
https://af.wikipedia.org/wiki/Balto-Slawies
Balto-Slawies
Die Balto-Slawiese taalgroep vorm deel van die Indo-Europese taalfamilie en voeg die Baltiese tale en Slawiese tale saam op die grond van 'n veronderstelde verwantskap wat spruit uit of reflekteer word in die geografiese nabyheid waarin hierdie tale fungeer. Die Baltiese en Slawiese tale is argaïes en daar word geglo dat tale in dié groepe nader is aan proto-Indo-Europees as enige ander lewende tale. Daar is taalkundiges wat dié samevoeging van die Baltiese en Slawiese tale in een groep betwis. Eksterne skakels Baltiese taal Slawiese tale Taalfamilies
28
https://af.wikipedia.org/wiki/Baltiese%20tale
Baltiese tale
Die Baltiese tale is 'n subgroep van die Indo-Europese taalfamilie wat deur Baltiese volke in Noordoos-Europa gepraat word. Groepe Die Baltiese tale word in twee hoofgroepe verdeel: die Oos- of Sentraal-Baltiese tale met Litaus, Lets, die Lets-Koerse dialek van die Koerse Skoorwal, Selonies, Semigallies en Samogities; die Wes-Baltiese tale met Oudpruisies, Jatwingies, Galindies, Dniëpr-Balties en Sudowies. Taalkundiges verskil nog oor die klassifisering van Koers; volgens 'n omstrede hipotese was dit oorspronklik 'n Wes-Baltiese taal wat onder sterk invloed van Oos-Baltiese tale gekom het en uiteindelik baie kenmerke met hulle gedeel het. Ander wetenskaplikes verwerp die konsep van Oos- en Wes-Baltiese subgroepe heeltemal. Met die uitsondering van Litaus en Lets het alle Baltiese tale gedurende die 16de en 17de eeu uitgesterf. Tans word daar egter pogings onderneem om Oud-Pruisies te rekonstrueer en as gesproke taal te laat herleef. Die Lets-Koerse dialek op die Koerse Skoorwal word tans deur minder as tien mense as moedertaal gepraat en word met uitsterwing bedreig. Die twee ander belangrike tale, wat in die Baltiese lande gepraat word (Estnies en Lyfs), maak as Fins-Oegriese tale nie deel uit van die Baltiese taalfamilie nie. Eksterne skakels Taalfamilies
32
https://af.wikipedia.org/wiki/Bloemfontein
Bloemfontein
Bloemfontein is die hoofstad van die Suid-Afrikaanse provinsie Vrystaat en die land se sesde grootste stad. Dit is ook sedert 1910 Suid-Afrika se regterlike hoofstad (een van die land se drie hoofstede). Bloemfontein staan informeel as die Rosestad bekend en word in Suid-Sotho Mangaung genoem. Die stad beslaan 'n oppervlakte van 236 vierkante kilometer en het volgens die 2011-sensus 256 185 inwoners. Bloemfontein lê in die hart van die Vrystaat se sentrale plato en is een van die min stede met 'n wildtuin in sy sentrum, bo-op Naval Hill. Die naam van die stad verwys na 'n fontein met blomme – oorspronklik 'n waterplek van die Boesmans. Bloemfontein staan nog steeds vir sy blommeprag bekend en dra die trotse bynaam "Rosestad". Die stad het sy oorsprong in 'n Britse fort en nedersetting wat in 1846 deur majoor Henry Douglas Warden in die destydse Transoranje-streek gevestig is. Dit het vervolgens as administratiewe setel van die Britse kolonie Oranjerivier-soewereiniteit (1848–1854) en die onafhanklike Boererepubliek Oranje-Vrystaat gedien wat in 1854 gestig is. Tussen Mei en Junie 1899 is die historiese Bloemfontein-konferensie hier gehou as 'n laaste vergeefse poging om 'n militêre konflik tussen die destydse Boererepublieke en die Britse Ryk te vermy. In die 20ste eeu het Bloemfontein tot die geografiese spilpunt van Suid-Afrika se spoorwegnetwerk ontwikkel. Sowat 160 km noordoos van Bloemfontein het 'n groot ekonomiese opswaai vanaf 1948 met die ontginning van die Vrystaatse Goudveld begin. Later, vanaf 1962, het die gebied sentraal gestaan by die verwesenliking van die Oranjerivierprojek met sy waterkragsentrales en besproeiingskemas. Vandag is Bloemfontein 'n moderne stad met wolkekrabbers, winkelsentrums en restaurante; en die Sand du Plessis-teater as een van sy kenmerkendste argitektoniese besienswaardighede. Tegelykertyd het Bloemfontein sy kulturele erfenis bewaar, en die stad spog met pragtige historiese geboue soos die Raadsaal, een van die mooiste in Suid-Afrika. Etimologie en bynaam Die Nederlandse naam beteken "blommefontein" en die Suid-Sothonaam Mangaung beteken "die plek waar die jagluiperds (cheetahs) dwaal". Daar word dikwels na die stad verwys as die "Stad van Rose", afkomstig van die verskeidenheid rose wat goed aard in die klimaat en jaarliks vanaf lente tot diep in die herfs 'n blommeprag oplewer. Geskiedenis Vroeë geskiedenis Die Bloemfonteingebied is oorspronklik deur San, Griekwas en Basotho bewoon voordat die eerste Voortrekkers hulle hier in die 1830's gevestig het. Een van die eerste Afrikaners, wat omstreeks 1840 'n plaas in die streek bewoon het, was Johannes Nicolaas Brits (* 1790). Volgens oorlewering het Brits sy plaas na aanleiding van 'n fontein met blomme "Bloemfontein" genoem. Britse dorpstigting Alhoewel Bloemfontein later merendeels deur Afrikaners bewoon is, is die nedersetting in 1846 deur 'n Engelse majoor, Henry Douglas Warden, as 'n Britse fort en buitepos in die Transoranje-streek gestig – 'n gebied met voldoende watervoorrade wat destyds deur Trekboere, Griekwas en Basotho bewoon is. Warden het die plek hoofsaaklik gekies weens die nabyheid tot die hoofroete na Winburg, die uitgestrekte oop terrein en die feit dat dit destyds vry van perdesiekte was. Brits het sy plaas vervolgens vir £37 10s aan majoor Warden verkoop. Die gebied rondom Bloemfontein is op 3 Februarie 1848 amptelik deur die Britse regering geannekseer en het vervolgens as die Oranjerivier-sowereiniteit bekendgestaan, met Bloemfontein as administratiewe setel. Die dorp is in 1850 die eerste keer as 'n woongebied verklaar, vier jaar voor die stigting van die Oranje-Vrystaat waarvan Bloemfontein die regeringsetel geword het. Die dorpsgebied is deur Andrew Hudson Bain opgemeet. Sy reghoekige uitleg het voorsiening gemaak vir lang strate wat parallel met die plaaslike rivier in noord-suidelike rigting geloop het en kort strate. Die nedersetting het geleidelik na terreine noord van die rivier uitgebrei. In 1851 het die bevolking op sowat 300 te staan gekom en was daar sowat sestig woonhuise. Vroeë kerkgemeentes en perswese Die Eerste Raadsaal is in 1849 in St Georgesstraat gebou waar dit aanvanklik as skoolgebou en vergadersaal gedien het, maar ook vir kerkdienste gebruik is. Die eerste Nederduitse Gereformeerde gemeente is reeds in 1848 gestig en kon in Mei 1852 hul nuwe kerkgebou, die bekende tweetoringkerk, in Kerkstraat inwy. In dié tyd het ook die eerste Rooms-Katolieke, Anglikaanse en Metodistegemeentes in Bloemfontein ontstaan wat hul kerkdienste almal in die Eerste Raadsaal gehou het. Die Metodiste-predikant, wat in 1850 in Bloemfontein aangekom het, het ook kerkdienste vir die bruin en swart bevolking gehou, al moes hulle hiervoor in 'n meer beskeie gebou, 'n eenvoudige hut, vergader. Die eerste Rooms-Katolieke kerkgebou is in 1852 naby die regeringskantore in St Georgesstraat opgerig. Die eerste dagblad, The Friend of the Sovereignty and Bloemfontein Gazette, het op 10 Junie 1850 verskyn. "Die Volksblad", later Volksblad uit die Media24-stal, is egter die enigste oorblywende dagblad wat vanuit Bloemfontein vervaardig en versprei word na die hele Vrystaat en Noord-Kaap. Koloniale ekonomie en infrastruktuur Terwyl die nedersetting aanhou groei het, is ook steeds meer besighede in Bloemfontein gevestig. In Junie 1850 is die eerste munisipale amptenaar benoem. Nogtans het die dorp in dié tyd nog geen volle munisipale status gehad nie en was die infrastruktuur maar gebrekkig. 'n Beperkte posdiens tussen Bloemfontein en Colesberg is reeds in 1846 deur majoor Warden gevestig, en kort daarna het ander posroetes gevolg. Die eerste amptelike poskantoor is in 1875 in die Ou Parlementsgebou op Markplein ingerig. Toe dit te klein geraak het, is dit deur 'n groter gebou op dieselfde plek vervang. Die gebou troon steeds sedert opening op 22 Junie 1892 oor Hoffmanplein in die sentrale stad. Die vervoer van goedere was 'n ander belangrike vraagstuk. Bloemfontein was in die 1850's nog 'n taamlik afgeleë nedersetting in Suid-Afrika. Aanvanklik kon boumateriale, klere, huishoudelike goedere en meubels slegs in beperkte hoeveelhede met ossewaens vanuit Port Elizabeth en Oos-Londen se seehawens na Bloemfontein vervoer word. Goedere wat nie plaaslik vervaardig kon word nie, was gevolglik skaars en duur. Die Britse bewind was in die beginjare allesbehalwe gevestig en verhoudinge tussen die verskillende bevolkingsgroepe gespanne. So is majoor Warden ontslaan en op 23 Julie 1852 deur Henry Green vervang. Oranje-Vrystaat Nòg die Britse Koloniale Kantoor te Londen nòg die meerderheid Nederlandssprekende bewoners van die Oranjerivier-soewereiniteit was werklik tevrede met die politieke situasie in die kolonie, en so het die Britte besluit om hulle aan die gebied te onttrek. Op 30 Januarie 1854 is die Republiek van die Oranje-Vrystaat gestig en Bloemfontein tot sy hoofstad verklaar. Nuwe administratiewe strukture is in 1859 in die dorp gevestig, en in 1880 het Bloemfontein munisipale status verwerf. Robert Innes is as die eerste burgemeester verkies, terwyl die destydse bevolking op 2 567 beraam is. Bloemfonteiners kon ekonomiese voordeel trek uit die opening van die Kimberley-diamantveld in die 1860's as verblyfplek vir delwers uit ander landsdele op hul pad na die Noord-Kaap. Die verskaffing van dienste aan diamantedelwers was die eerste stap in Bloemfontein se 19de eeuse ekonomiese groeifase. Later het 'n aantal finansiële en handelsondernemings hulle hoofkwartiere hier gevestig. Bloemfontein het daarnaas tot 'n belangrike vervoerspilpunt ontwikkel, veral nadat die spoorwegverbinding tussen Kaapstad en Johannesburg, wat destyds in aanbou was, in 1890 tot Bloemfontein gevorder het. In 1899 is die Bloemfontein-konferensie gehou wat gepoog het om die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog te vermy. Deel van die onderhandelinge was die ontmoeting tussen die president van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR), Paul Kruger, en Sir Alfred Milner. Dié twee staatsmanne is deur die staatshoof van die Oranje-Vrystaat, president Steyn, na Bloemfontein genooi om die dreigende militêre konflik tussen die ZAR en die Britse Ryk af te weer. Op 13 Maart 1900 het Britse magte die stad oorgeneem. Bloemfontein in die Unie van Suid-Afrika Tien jaar later (1910) het Bloemfontein deel van die Unie van Suid-Afrika geword en is die Appèlafdeling van die Suid-Afrikaanse Hooggeregshof hier gevestig. Bloemfontein, wat in die sentrum van die nuutgestigte staat geleë was, het destyds nie oor 'n noemenswaardige nywerheidsbasis beskik nie, maar het nogtans danksy enkele belangrike onderwysinstellings 'n nasionale rol as opvoedkundige sentrum gespeel. In 1912 het swart afgevaardigdes van dwarsoor Suid-Afrika in Bloemfontein vergader om die voorloperorganisasie van die African National Congress (ANC), die Native National Congress (NNC), in die lewe te roep. Die afkondiging van die Naturelle-grondwet – die eerste in 'n reeks vroeë Apartheidswette wat grondbesit deur swart Suid-Afrikaners beperk het – in die wit Suid-Afrikaanse parlement is daardeur verhinder. In 1945 het Bloemfontein stadstatus verwerf en op 18 Maart 1950 is die Universiteit van die Oranje-Vrystaat in die stad gevestig. Kultuur Kultureel is die stad toonaangewend. Skeppende werk op die gebied van uitvoerende kuns, beeldende kuns, letterkunde en skilderkuns word gedoen. Die stad is sentrum vir die Vrystaat Kunswedstrydvereniging. Teaters: Sand du Plessis; Sterrewag; Wynand Mouton; Scaena; Odeion; André Huguenot; Stadskouburg. Die Sand du Plessis-teater is een van die grootste en mees moderne in die Suidelike Halfrond met 'n kapasiteit van ongeveer 1 000. Die teater huisves ook die Vrystaatse Simfonieorkes (VSSO). Museums: Nasionale Museum; Suid-Afrikaanse Oorlogmuseum (voor 30 November 2015 bekend as Oorlogsmuseum); Freshford; Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN); Oliewenhuis; Nasionale Vrouemonument. Joodse gemeenskap Joodse families het ’n belangrike rol in die totstandkoming en ontwikkeling van die Vrystaatse hoofstad gespeel. Isaac Baumann van Hesse-Cassel (1813–1881), een van die eerste nedersetters wat in 1848 grond in die nuwe dorpsgebied gekoop het, het die eerste winkel opgerig. Die vroegste Groot Versoendag- (Jom Kippoer) dienste is in 1871 in sy huis gehou. In 1873 is huwelike ingevolge Joodse gebruike in die Oranje-Vrystaat gewettig. ’n Hebreeuse gemeente is in 1876 gestig en ’n sinagoge in 1903 opgerig. Die eerste president (1902–’24) daarvan was Wolf Ehrlich. Namate die Oos-Europese element toegeneem het, het die gemeenskapsleierskap geleidelik na hulle toe oorgegaan. Hierin het Jacob Philips en Henry Bradlow ’n belangrike rol gespeel. Jode het ’n aktiewe aandeel aan munisipale aangeleenthede gehad. Baumann was die tweede voorsitter van Bloemfontein se munisipale raad, die voorloper van die dorpsraad. Sy seun Gustav was die eerste landmeter-generaal van die Oranje-Vrystaat. Moritz Leviseur, wat deelgeneem het aan die Basoeto-oorlog (1865–’66), het die dorp se eerste hospitaal help stig en ook die Nasionale Museum. Sy vrou, Sophie, het Ouma Looks Back geskryf, herinnerings aan die vroeë dae, en het bekend geword as die “Grand Old Lady of Bloemfontein”. Wolf Ehrlich, ’n vriende van die Boeregeneraal en latere eerste minister J.B.M. Hertzog, het as senator in die Suid-Afrikaanse parlement gedien. Bloemfontein het drie Joodse burgemeesters gehad: Ehrlich (1906–’07 en 1911–’12), Ivan Haarburger (1912–’14) en Sol Harris (1929). Die gemeenskap het ’n goed ontwikkelde netwerk instellings gehad, waaronder ’n doelmatige gemeenskapsentrum vir kultuur- en opvoedingsaktiwiteite. In 1965 is ’n groot nuwe sinagoge gebou. In 1956 het die Hebreeuse gemeente, Chevra Kaddisha, talmoed tora, en liefdadigheidsintellings saamgespan om die Verenigde Hebreeuse Instellings van Bloemfontein te vorm. Daar was ook onder meer ’n OVS- provinsiale komitee van de Suid-Afrikaanse Joodse Raad van Afgevaardigdes en die OVS- en Noord-Kaapse Sionistiese Raad. Ook het die stad ’n klein Hervormde groep gehad. In 1967 het die Joodse gemeente 1 347 getel uit ’n totale bevolking van 119 000. Daarna het die gemeenskap, soos almal landwyd buiten in Johannesburg, Kaapstad en Durban, geleidelik gekwyn. In 1997 is die sinagoge verkoop en het die gemeenskap oorgetrek na die nou ontbinde Hervormde gemeente se tuiste. Teen 2004 het net 180 Jode in Bloemfontein oorgebly. Infrastruktuur 'n Treinspoor is in 1890 gebou om Bloemfontein met Kaapstad te verbind. Spoorverbindings strek tans na alle industriële gebiede en toerismebestemmings. Die Bloemfontein Internasionale Lughawe verbind alle plaaslike lughawens en ook die Lesotho-buurland. Tempe-lughawe verleen landingsgeriewe aan kleiner siviele lugruimgebruikers. As sentrale bestemming, vertak die Nasionale padnetwerk na al die vernaamste stede, toeristebestemmings en kusgebiede. Die N1-nasionale pad gaan na Kaapstad, Port Elizabeth en Johannesburg. Die N8-nasionale pad verbind Bloemfontein met Groblershoop, Noord-Kaap, via Kimberley en Maseru via Maserubrug langs die Vrystaat. Die N6-nasionale pad via Aliwal-Noord na Oos-Londen begin ook hier. Geografie en klimaat Die stad is geleë by 29 grade suidelengtegraad en 26 grade oostebreedtegraad en is 1 395 meter bo seevlak. Bloemfontein ontvang gemiddeld 559 mm reën per jaar, meestal gedurende die somermaande. Gemiddelde dagtemperature wissel van 16 °C in Junie tot 32 °C in Januarie. Die omgewing is die koudste in Julie wanneer die kwik gemiddeld val tot -2 °C gedurende 'n wintersnag. Demografie Volgens die 2011-sensus het die stad 'n bevolking van 256 185 gehad (meer as verdubbel van 111 697 in 2001), waarvan 76 325 (30%) Blank was. Ander belangrike groepe is 76 325 (56%) Swartes, 32 827 (12,8%) Kleurlinge en 2 100 (0,8%) Asiërs. Ekonomiese basis Onderwys (Universiteit van die Vrystaat en Sentrale Universiteit vir Tegnologie), ligte nywerhede, spoorwegaanleg (sedert laat 1990's in mindere mate), Provinsiale administrasie en Mangaung metro-munisipaliteit. Die stad geniet bestendige groei, te danke aan volgehoue uitbou van die plaaslike ekonomie. 'n Sosiale en maatskaplike onderbou word gehandhaaf en die aantrekkingskrag van 'n landelike karakter van die sesde grootste stad in Suid-Afrika maak dit die ideale vestigingsgebied vir sy inwoners. Bekende boorlinge van Bloemfontein Zola Budd – middelafstandatleet Hansie Cronjé – voormalige krieketkaptein van Suid-Afrika Al Debbo – akteur en grapmaker Alan Donald – voormalige krieketsnelbouler van Suid-Afrika Arnu Fourie – Paralimpiese atleet Steve Hofmeyr – akteur en sanger Lucas Maree – Afrikaanse sanger en liedjieskrywer Deneys Reitz – soldaat, politikus, kabinetsminister en skrywer Leon Schuster – rolprentvervaardiger, akteur en grapjas J.R.R. Tolkien – Britse skrywer Kepler Wessels – voormalige krieketkaptein van Suid-Afrika Sien ook NG gemeente Bloemfontein Gereformeerde kerk Bloemfontein Verwysings Eksterne skakels Munisipale webwerf Bloemfontein Online Directory Afrikaans community 1820-1899 Provinsiehoofstede van Suid-Afrika
33
https://af.wikipedia.org/wiki/Bybel
Bybel
Die Bybel is die heilige boek van die Christelike en Joodse geloof. Die Joodse Bybel of Tenach het 39 dele en vertel die verhaal van God se verhouding met die Joodse mense in antieke tye. Dié 39 dele is ook deel van die Christelike Bybel en word die Ou Testament genoem. Die Christelike Bybel het nog 27 dele, wat die Nuwe Testament genoem word. Daarin word die verhaal van Jesus vertel. Die woord 'Bybel' stam van die Griekse woord βιβλια biblia (boeke), wat 'n meervoud is van βιβλιον biblion (wat oorspronklik papirus beteken en later gebruik is as aanduiding van papier, geskrif, boek(rol)). Die Bybel bevat drie verskillende versamelings boeke: Die Ou Testament, ook die Hebreeuse Bybel genoem. Dit is geskryf gedurende die eeue heen en dit bestaan oorspronklik vir die grootste deel in Hebreeus met enkele Aramese paragrawe. (Die Tanach is anders georden) Die Apokriewe boeke, boeke buiten die kanon van Nicea. Die Nuwe Testament, geskryf gedurende die tweede helfte van die eerste eeu na Christus, in moderne Grieks (koinè-Grieks). In breë trekke gaan die Bybel oor hoe God as skepper met die mens in tyd en ruimte omgegaan het, die plek van die mens in verhouding tot die skepping, die skepper en die heelal en inbreek van ewigheid (domein van God) in die tyd (domein van die mens). Met 'n geraamde verkope van meer as 5 miljard kopieë word die Bybel algemeen as die topverkoper boek van alle tye beskou. Na raming word 100 miljoen Bybels jaarliks verkoop. Dit is uniek in baie opsigte, waarvan vertaling en skrywers net 'n paar is. Dit het ook 'n groot invloed op letterkunde en die geskiedenis, veral in die Weste, uitgeoefen. Terme Bybel en Heilige Skrif Die meervoudsvorm biblia ("boekrolle, boeke") van die Griekse woord biblion is in die antieke tyd as die eenvoudsvorm van 'n Latynse vroulike term een ook as 'n sinoniem van die Griekse term hagia graphae ("Heilige Skrif") geïnterpreteer. In sowel die Joodse asook die Christelike godsdiens word hierdie versameling van boeke as 'n openbaring van God beskou en het dus 'n normatiewe karakter vir die godsdiensbeoefening. Die Hervormde en Gereformeerde opinie en geloof is steeds dat die Bybel die Heilige Skrif is wat deur die Heilige Gees inspireer is en alle kennis bevat vir die verlossing en saligmaking van die mens. Vir die Joodse godsdiens is die Torah, en hier veral die verbond, wat God by die berg Sinaï met Israel gesluit het, die "woord van God". Christene beskou Jesus Christus as die sentrale figuur in die Heilige Skrif, wat ook hulle betekenis verlig. Met die kanonisering van die Nuwe Testament het die kerk ook besluit om die Hebreeuse Skrifte as die "woord van God" te erken. Inhoud van die Bybel Ou testament Apokriewe boeke Boek van Tobit (in die Rooms-Katolieke, Griekse en Slawiese Bybels) Judit (in die Rooms-Katolieke, Griekse en Slawiese Bybels) Toevoegings tot die boek van Ester (in die Rooms-Katolieke, Griekse en Slawiese Bybels) Wysheid van Salomo (in die Rooms-Katolieke, Griekse en Slawiese Bybels) Wysheid van Ben Sirag (in die Rooms-Katolieke, Griekse en Slawiese Bybels) Barug (in die Rooms-Katolieke, Griekse en Slawiese Bybels) Brief van Jeremia (Barug 6 in sommige Bybels) (in die Rooms-Katolieke, Griekse en Slawiese Bybels) Susanna (in die Griekse en Slawiese Bybels, en Daniël 13 in die Rooms-Katolieke Bybel) Asarja se gebed en Die Lied van die drie jong manne (in die Griekse en Slawiese Bybels) en tussen Daniël 3:23-24 in die Rooms-Katolieke Bybel) Bel en die draak (in die Griekse en Slawiese Bybels, en Daniël 14 in die Rooms-Katolieke Bybel) 1 Makkabeërs (in die Rooms-Katolieke, Griekse en Slawiese Bybels) 2 Makkabeërs (in die Rooms-Katolieke, Griekse en Slawiese Bybels) 1 Esdras (in die Griekse Bybel) Gebed van Manasse (in die Griekse Bybel) Psalm 151 (in die Griekse Bybel) 3 Makkabeërs (in die Griekse Bybel) 2 Esdras (in die Slawiese Bybel en 'n bylae tot die Latynse Vulgata) 4 Makkabeërs (bylae tot die Griekse Bybel) Nuwe testament Afrikaanse vertaling Die eerste volledige bybelboek in Afrikaans was die Evangelie volgens Markus soos deur C.P. Hoogenhout vertaal. Hierdie vertaling is nooit gepubliseer nie, maar die manuskrip is in die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika in Kaapstad beskikbaar. Die eerste Afrikaanse vertaling (bekend as die "ou" vertaling) van die Bybel het in 1933 verskyn. Die vertaalwerk is deur prof. J.D. du Toit, prof. E.E. van Rooyen, prof. J.D. Kestell, dr. S.P.E Boshoff, dr. H.C.M. Fourie en prof B.B. Keet behartig. 'n Hersiene uitgawe daarvan het in 1953 verskyn sodat die "ou vertaling" ook bekendstaan as die 1933/'53-vertaling. Die nuwe vertaling van die Bybel het in 1983 verskyn en word deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika gepubliseer. Die eindredaksie van hierdie vertaling was prof. E.P. Groenewald, J.P. Oberholzer, A.H. Van Zyl, P. A. Verhoef, J.L. Helberg en W. Kempen. Die eerste Afrikaanse Bybel vir Dowes is in 2008 deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika gepubliseer. Verwysings Eksterne skakels Bybel 'n Afrikaanse webwerf oor die Bybel Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika Christendom Judaïsme
End of preview. Expand in Data Studio
README.md exists but content is empty.
Downloads last month
77