text stringlengths 484 99.1k | id stringlengths 30 34 | metadata dict |
|---|---|---|
Footprint Performance: Maak jou bestaande trekker kragtiger
Tyd is geld en Footprint Performance se sagteware kan jou help om albei te bespaar. Die sagteware kan jou trekker of stroper tussen 10% en 30% meer krag gee en dit alles teen veel minder as wat ‘n nuwer, groter werktuig jou sou kos.
Wat doen Footprint Performance?
Jaco Dippenaar, eienaar van Footprint Performance, vertel dat hy sy onderneming se deure in 2011 geopen het. Hy wou eers ‘n inpropeenheid (‘plug and play’) ingevoer het om motorkarre se werkverrigting te verbeter.
“Gou het ek agtergekom dat die motormark versadig is, en ek moes aan ander idees begin dink,” vertel hy.
Dit is toe dat hy eendag ‘n oproep van ‘n boer in Bothaville af ontvang het om te vra of die tegnologie op trekkers ook toegepas kan word.
“Hy het my oortuig om vir hom ook so ’n inpropeenheid in te voer vir sy John Deere-trekker. Ek het na hierdie installasie besef dat daar ‘n mark is om landboutoerusting se kraglewering te verbeter.”
Volgens Jaco is Footprint Performance se stelsels voordelig omdat verskaffers dieselfde enjin en ratkas in ‘n reeks stropers en trekkers gebruik, en slegs deur die sagteware te verander meer krag lewer.
“Dit is dus baie veilig en kostedoeltreffend om eerder dit te doen as om R35 000 per kilowatt te betaal vir ‘n nuwer trekker.”
Jaco het sy huiswerk gaan doen
Eers moes Jaco meer gaan uitvind het oor die konsep, sy vaardighede opskerp en sy kennis verbreed. Hiervoor het hy kursusse in Duitsland en Nieu-Seeland gaan voltooi.
“Al is die konsep dieselfde, is die toepassing en sagteware heeltemal anders, en om te sê jy kan ‘n trekker opgradeer net omdat jy motors kan doen, is ongelukkig nie korrek nie.”
Dit het ure, dae en weke se toetse op verskillende toerusting geneem om dit reg te kry en terselfdertyd te verseker jy beskadig nie die toerusting nie.
“Daar is steeds, na meer as 11 jaar, dae wat ek nuwe dinge leer om toerusting, met klein veranderinge aan sagteware, korrek te kan verrig sodra die verskaffer iets verander.”
Voordele van die sagteware
Die grootste voordeel wat die sagteware vir boere inhou wanneer dit by verbetering van kraglewering kom, is die kostebesparing.
‘n Nuwe trekker met meer kraglewering in dieselfde reeks kan jou maklik R2-miljoen uit die sak jaag. Jaco sê dat hierdie koste onmiddellik bespaar kan word deur op ‘n veilige manier die krag van jou huidige trekker op te gradeer sodat hy dieselfde krag het as die model net bo hom.
“Dan is daar ook tydbesparing. Met beter kraglewering kan bykans in alle gevalle twee ratte hoër gewerk word as tevore, wat ook dan minstens 3 tot 5 km per uur vinniger is indien dit verlang word … of minstens een rat hoër, maar teen laer omwentelinge wat die enjinlading met minstens 40 tot 50% verminder.”
Die meeste enjins met elektroniese beheer en turbo-aanjaers kan opgradeer word. Volgens Jaco kan ouer modelle soms problematies wees omdat hulle dalk reeds meganiese slytasie en onderliggende probleme het, maar dit is darem nie altyd die geval nie.
Hoe werk dit?
Om hierdie proses reg te kry, maak Jaco eers ‘n afskrif van die toerusting se standaard-sagteware; hy berg dit en maak dan veranderinge op ‘n nuwe lêer. Die nuwe lêer se sagteware met die veranderinge word dan opgelaai.
“Daar is kostes daaraan verbonde om die korrekte, geregistreerde toerusting te gebruik wat korrek gelisensieer is, asook om elke lêer te verander na ‘n formaat wat verstaan kan word en waaraan veranderinge aangebring kan word. Daar word ook gereeld nuwe kabels benodig wat die nuutste toerusting kan lees.”
Hoe meet jy jou kostebesparing?
Jaco verduidelik dat die kostebesparing met die gebruik van sy sagteware op verskeie maniere gemeet kan word:
- Die boer hoef nie nuwer trekker of stroper te koop nie, maar kan slegs die kraglewering opgradeer
- Die boer kan werk vinniger voltooi
- Brandstofbesparing
- Besparing aan dienskostes met verwydering van problematiese uitlaatbeheerstelsels soos hersirkulasie van uitlaatgasse (EGR), ‘n dieselfilter (DPF) en dieseluitlaatvloeistof (DEF)
Watter tipe landboutoerusting kan opgegradeer word?
Jaco kan die volgende dienste lewer op Vlak drie tot vyf trekker- en stroperenjins:
- Kragleweringverbetering (10% tot 30% afhangend van wat veilig is volgens toetse)
- Uitlaatbeheerverwydering
- John Deere- of Claas-trekkers se VGT (veranderlike geometrie-turbo) kan verander word na ‘n ‘Actuator Turbo’ (aandrywerturbo).
“Ek het die toerusting om die meeste voertuie te kan opgradeer, maar verkies om my moeite op landboutoerusting te fokus omdat dit my liefde en belangstelling is.”
Indien jy meer te wete wil kom oor hoe jy jou trekker se krag kan vermeerder, kan jy die Footprint Performance-webtuiste besoek by https://www.footprintperformance.co.za/. Jy kan ook die Facebook- en Instagram-blaaie besoek of vir Jaco kontak by (+27) 83-675-8364. | year=2024/part-01344.parquet/20687 | {
"author": "Natasha Pretorius",
"categories": "Artikels, Meganisasie",
"country_tld": "South Africa",
"date": "2024-11-11",
"description": "Tyd is geld en Footprint Performance se sagteware kan jou help om albei te bespaar. Die sagteware kan jou trekker of stroper tussen 10% en 30% meer krag gee en dit alles teen veel minder as wat ‘n nuwer, groter werktuig jou sou kos. Wat doen Footprint Performance? Jaco Dippenaar, eienaar van Footprint Performance, vertel",
"duplicate_count": 0,
"file_path": "/data/nfs/projects/NeurIPS_CL/output_priority/_work/subset_input/year=2024/part-01344.parquet",
"glotlid_code": "",
"glotlid_score": 0,
"hostname": "proagri.co.za",
"language": "af",
"sitename": "ProagriMedia",
"tags": "",
"title": "Footprint Performance: Maak jou bestaande trekker kragtiger | ProAgri",
"url": "https://proagri.co.za/footprint-performance-maak-jou-bestaande-trekker-kragtiger/",
"warc_filename": "CC-NEWS-20241112061232-07036.warc.gz",
"warc_source": "https://data.commoncrawl.org/crawl-data/CC-NEWS/2024/11/CC-NEWS-20241112061232-07036.warc.gz",
"year_month": "2024-11"
} |
Maak gereed om te zip, zap en zoom in die nuwe Mahindra XUV 3XO!
Is jy op soek na ՚n voertuig wat koppe gaan draai? In die verlede was dit net die superrykes en gelukkiges wat met luukse motorkarre kon rondrits. Maar nie meer vir lank nie, want Mahindra het dit reggekry om die wenresep vir ՚n verleidelike, vinnige voertuig te ontdek!
Die Mahindra XUV 3XO, nou beskikbaar by Mahindra Alberton, is die jongste toevoeging in die sportnutsvoertuig-reeks. Hierdie bekorende kar het ՚n wegspringprys van slegs R254 999!
Styl wat skitter (letterlik!)
Die XUV 3XO kan dalk bekend lyk as jy Mahindra se vorige modelle ken, maar dit is opgekikker vir ՚n vars voorkoms. Die kenmerkende diamantpatroon strek oor die voertuig, van die sierrooster tot die agterligte, wat dit ՚n opvallende glans gee. ՚n LUD-ligstrook omring ook die voertuig se hoofligte en dien as ՚n daglig vir ekstra veiligheid en styl. Met agt verskillende kleuropsies is daar ՚n skakering vir elke persoonlikheid.
՚n Uitsig van hoek tot kant
Die XUV 3XO bied gevorderde tegnologie, met 360-grade kameras aan elke kant om jou bewus te hou van elke hoek. Die kantspieëls vou outomaties in wanneer jy die motor sluit, sodat jy jou nooit hoef te bekommer oor knap parkeerplekke nie. Die 43 cm (17 duim) diamant-afgewerkte allooiwiele gee die XUV 3XO ՚n gesofistikeerde voorkoms.
Die hoofligte is toegerus met LUD-projektorlampies en slanke dagryligte. Dit gee nie net ՚n deftige voorkoms aan die XUV 3XO nie, maar verbeter ook sigbaarheid vir alle padtoestande.
Dit is wat binne is wat saak maak
Binne-in vind jy sitplekke bekleed met leer met elegante wit soomstiksels. Met die ruim kajuit, Harman/Kardon-klankstelsel, ses luidsprekers en ՚n digitale skerm, bied die XUV 3XO ՚n ervaring wat sowel luuks as prakties is.
Almal weet ons is in die digitale era en niemand het deesdae tyd om stil te staan en te wag dat jou toestelle eers klaar laai nie. Die 65 watt-laaipoort kan jou selfoon en selfs ՚n skootrekenaar laai. Daar is ook ՚n draadlose laaiblad, outomatiese klimaatbeheer, en ՚n pragtige outomatiese lugdak om die son (of sterre) te geniet terwyl jy ry.
Slim, slimmer, Mahindra
Waarom tevrede wees met gewone ry-modes as jy kan zip, zap, en zoom? Die XUV 3XO sluit hierdie prettige, dog kragtige opsies in:
- Zip is ideaal vir brandstofdoeltreffende stadritte.
- Zap bied ՚n gebalanseerde mengsel van krag en ekonomie.
- Zoom is jou alles-of-niks, hoë-kragmodus vir ՚n opwindende rit.
Met sy 1,2 liter turbo-enjin en ADAS-tegnologie kan die XUV 3XO selfs help met die bestuur, versnelling en rem!
Wanneer die noodlot tref
Mahindra besef dat enige voertuig ՚n groot uitgawe is, daarom het die Mahindra XUV 3XO ՚n omvattende waarborg en diensplan:
- 5 jaar / 150 000 km waarborg
- 5 jaar / 100 000 km diensplan
Sien (ry) is glo
Gereed om die opwinding self te ervaar? Besoek Mahindra Alberton en neem die XUV 3XO vir ՚n 24-uur toetsrit. Voel self die elektrisiteit deur jou are wanneer jy zip, zap en zoom!
Kontak Mahindra Alberton op hulle webwerf by www.mahindraalberton.co.za. | year=2024/part-01344.parquet/20781 | {
"author": "Ashleigh Venter",
"categories": "Artikels",
"country_tld": "South Africa",
"date": "2024-11-11",
"description": "Is jy op soek na ՚n voertuig wat koppe gaan draai? In die verlede was dit net die superrykes en gelukkiges wat met luukse motorkarre kon rondrits. Maar nie meer vir lank nie, want Mahindra het dit reggekry om die wenresep vir ՚n verleidelike, vinnige voertuig te ontdek! Die Mahindra XUV 3XO, nou beskikbaar",
"duplicate_count": 0,
"file_path": "/data/nfs/projects/NeurIPS_CL/output_priority/_work/subset_input/year=2024/part-01344.parquet",
"glotlid_code": "",
"glotlid_score": 0,
"hostname": "proagri.co.za",
"language": "af",
"sitename": "ProagriMedia",
"tags": "",
"title": "Maak gereed om te zip, zap en zoom in die nuwe Mahindra XUV 3XO! | ProAgri",
"url": "https://proagri.co.za/maak-gereed-om-te-zip-zap-en-zoom-in-die-nuwe-mahindra-xuv-3xo/",
"warc_filename": "CC-NEWS-20241112061232-07036.warc.gz",
"warc_source": "https://data.commoncrawl.org/crawl-data/CC-NEWS/2024/11/CC-NEWS-20241112061232-07036.warc.gz",
"year_month": "2024-11"
} |
In Broederstroom bly die grond nat danksy Afriq Water en Irrigation Unlimited
Na byna 40 jaar het Johan Hanekom (70) en sy vrou van Brits besluit om hulself in Broederstroom te gaan vestig. Johan het jare lank met soetrissies en komkommers geboer. Hy wou in Broederstroom daarop konsentreer om kruie te kweek en ՚n groeilamp wat hy ontwikkel het te bemark. Hy en sy vrou het immers hulle veldhoede afgehaal om te rus. Johan moes egter eers die groeilamp uittoets, en daarvoor het hy ՚n kweekhuis nodig gehad. In Broederstroom het hulle ՚n verwaarloosde plaas gevind waarop jare lank nie geboer was nie. Hulle het besluit om dit hulle nuwe tuiste te maak.
“Maar nou ken jy mos daai virus in ՚n boer se bloed; ons wou net iets probeer en later het ons nou weer ՚n hele stuk grond in produksie gehad. Dit was maar ՚n vloekskoot gewees, want eintlik wou ons net rustig aangegaan het,” vertel Johan laggend.
En so is Thysaan Boerdery twee jaar gelede gevestig. Hier boer Johan op vyf hektaar intensief met aarbeie en soetrissies onder besproeiing.
Plaaslike vervaardiging is pure plesier
Johan ken ՚n gedeelte van die sukses op sy plaas tot dusver toe aan Afriq Water se produkte. In Augustus 2024 het twee welbekende besproeiingsmaatskappye, Irrigation Unlimited en Afriq Water, hande gevat om meer vir die boer te bied. Irrigation Unlimited is nou ook die trotse verspreiders van Afriq Water se staatmakerprodukte. Johan vertel hy het jare lank ՚n ander handelsmerk gebruik en het die produkte terloops raakgeloop eendag toe hy verpakkingsmateriaal gaan koop het. Dit het hom geïnteresseer en hy het besluit om twee rolle druppyp te koop. Van daar af het hy sy boerdery oorgeskuif na Afriq Water se produkte.
Vandag het hy vier sprinkelaarlyne, en het hulle al meer as 100 000 drupbesproeiingslyne op sy plaas geïnstalleer. Op Thysaan Boerdery maak hulle staat op Afriq Water se sprinkelaar- en drupperlyne asook die HDPEgoukoppelstelsels.
Presiese watervoorsiening
Afriq Water se drupbesproeiing is ontwerp om te verseker dat die water by jou plant se wortels uitkom. Die stelsels kan gestel word om ՚n sekere hoeveelheid water per uur toe te dien. Johan vertel dat die grond in Broederstroom anders is as waaraan hy gewoond was in Brits.
Hy moes vinnig leer hoe om die klipperige kleigrond vir hom te laat werk. Daarom gebruik hy die sprinkelaarlyne om die grond nat te maak voordat hulle begin plant. Daarna word drupbesproeiing vir die aarbeie en soetrissies aangelê. Die soetrissies is maar vol fiemies en dus vertel Johan dat hy nie sprinkelaarbesproeiing op hulle kan gebruik nie, “omdat hulle nie van nat blare hou nie”. Die drupbesproeiing verseker dat die water direk na die plante se wortels toe gaan.
Johan is trots Suid-Afrikaans, daarom is dit vir hom lekker om met ՚n maatskappy te werk wat al hulle produkte plaaslik vervaardig. Afriq Water vervaardig hulle besproeiingspype van 12 mm of 16 mm met verskillende wanddiktes wat die vloei van jou water beheer.
“’n Mens moet nie vergeet nie, ՚n boer weet wat hy wil gebruik. Ek was aangenaam verras oor hoe uitstekend die inligting op hulle produkte deurgegee word op hulle webtuiste,” sê hy.
Aan die begin het hy gebruik gemaak van die 0,15 mm dikte pype om sy aarbeie te besproei, maar hy het agtergekom dat dit nie genoeg is nie, veral op die aarbeie waar hulle drie jaar lê. Hy het toe besluit om oor te beweeg na die 0,4 mm pype wat twee liter per uur lewer in plaas van een liter, want dit loog vir Johan die gronde beter. Johan lê hierdie druplyne in twee rye aan onder die plastiek van sy aarbeie om te help dat die water nie so vinnig verdamp nie en dat die grond nat bly. Hy gebruik ook sy sprinkelaarlyne van tyd tot tyd om die aarbeie ՚n ekstra hupstoot te gee wanneer die son te warm raak.
Produkte wat hou
Een van die produkte wat vir Johan summier uitstaan is Afriq Water se HDPE-goukoppelpype en hy vertel dat die koppelings absoluut uitstekend is. Die koppelstelsels is ՚n duursame en kostedoeltreffende vervanging vir staalpypstelsels.
“Ek is ook nou nie meer vandag se kind nie; ons kom mos maar van die dae van ou staalpype af en toe is dit aluminiumpype. Die probleem hiermee was dat hulle die koppelings begin steel het om as skrootmetaal te verkoop,” vertel hy.
Hy het eendag Afriq Water se pype in ՚n ander boer se lande raakgesien en ՚n bietjie meer gaan uitvind oor die pype en waar ՚n mens hulle in die hande kan kry. “Hulle hanteer eenvoudig net baie lekkerder as die staal, want hulle is so lig. Hulle goukoppelpype is ՚n absolute wenner; ek hoop die mense pak hulle die hele Suid-Afrika vol.
“Ek sal die produkte aanbeveel by wie ook al by my navraag doen. Ek wens eintlik uit my hart vir hierdie mense groot voorspoed toe,” sê Johan.
Om navraag te doen oor Afriq Waterprodukte, besoek gerus die Irrigation Unlimited-webtuiste by www.iunlimited.co.za of kontak die Pretoria-tak by (+27) 12-736-2121 of die Kaapstadtak by (+27) 21-946-1194. | year=2024/part-01326.parquet/76253 | {
"author": "Natasha Pretorius",
"categories": "Artikels, Besproeiing, Gewasproduksie",
"country_tld": "South Africa",
"date": "2024-11-07",
"description": "Na byna 40 jaar het Johan Hanekom (70) en sy vrou van Brits besluit om hulself in Broederstroom te gaan vestig. Johan het jare lank met soetrissies en komkommers geboer. Hy wou in Broederstroom daarop konsentreer om kruie te kweek en ՚n groeilamp wat hy ontwikkel het te bemark. Hy en sy vrou het immers",
"duplicate_count": 0,
"file_path": "/data/nfs/projects/NeurIPS_CL/output_priority/_work/subset_input/year=2024/part-01326.parquet",
"glotlid_code": "",
"glotlid_score": 0,
"hostname": "proagri.co.za",
"language": "af",
"sitename": "ProagriMedia",
"tags": "",
"title": "In Broederstroom bly die grond nat danksy Afriq Water en Irrigation Unlimited | ProAgri",
"url": "https://proagri.co.za/in-broederstroom-bly-die-grond-nat-danksy-afriq-water-en-irrigation-unlimited/",
"warc_filename": "CC-NEWS-20241107173839-06958.warc.gz",
"warc_source": "https://data.commoncrawl.org/crawl-data/CC-NEWS/2024/11/CC-NEWS-20241107173839-06958.warc.gz",
"year_month": "2024-11"
} |
ProAgri SA 297
Die einde van die jaar is in sig,
maar vir ons boere is hierdie tyd altyd die begin van ՚n nuwe siklus en die belofte van nuwe lewe. Ons is in plantseisoen – ՚n seisoen van hoop, harde werk en onvermoeide geloof. Dit is wanneer die saad in die grond ingaan en die boer, met ՚n mengsel van waagmoed
en vrees, alles waaraan hy werk aan die natuur toevertrou.
Hierdie jaar het weer uitdagings van sy eie gebring. Ons staar droogte in die gesig met baie gebiede wat steeds op reën wag en dit verg ՚n harde tol. In sulke tye is boerdery nie net ՚n beroep nie; dit is ՚n roeping. Elke boer dra die gewig van die wêreld se verwagtinge op sy skouers en bly vashou aan die hoop dat die hemel se sluise oopmaak.
Die bloed, sweet en trane wat in elke land, plaas en boerdery ingaan, is nie maklik sigbaar nie, maar dit leef voort in die oeste wat afgehaal word, daardie bul wat vir ՚n goeie prys op die veiling verkoop word en die geslagte vorentoe wat die boerderynaam laat voortleef. In moeilike tye, wanneer die reënwolke wegbly, herinner dit ons aan die innerlike sterkte van die boer wat steeds bid en met ՚n blye gees voortploeter. Dit is hierdie gees van volharding wat ons as volk voed en begeester.
Hier by ProAgri eer ons elke boer wat nie moed opgee nie, wat aanhou werk en voorberei, wat in die grond plant terwyl hy na die hemel kyk en in stilte sy gebed laat opstyg. Ons weet dat julle arbeid nie tevergeefs is nie en dat elkeen van julle se geloof ՚n belofte dra vir die toekoms van ons land. Mag hierdie plantseisoen vir elke boer ՚n seën wees en mag die reën kom, nie net om die grond te verfris nie, maar om hoop en lewe weer te laat ontvlam.
Boeregroete!
Bianca Henning – bianca@proagri.co.za | year=2024/part-01326.parquet/76543 | {
"author": "Bianca Henning",
"categories": "Magazine, Tydskrif, Tydskrif (RSA)",
"country_tld": "South Africa",
"date": "2024-11-07",
"description": "Die einde van die jaar is in sig, maar vir ons boere is hierdie tyd altyd die begin van ՚n nuwe siklus en die belofte van nuwe lewe. Ons is in plantseisoen – ՚n seisoen van hoop, harde werk en onvermoeide geloof. Dit is wanneer die saad in die grond ingaan en die boer,",
"duplicate_count": 0,
"file_path": "/data/nfs/projects/NeurIPS_CL/output_priority/_work/subset_input/year=2024/part-01326.parquet",
"glotlid_code": "",
"glotlid_score": 0,
"hostname": "proagri.co.za",
"language": "af",
"sitename": "ProagriMedia",
"tags": "",
"title": "ProAgri SA 297 | ProAgri",
"url": "https://proagri.co.za/proagri-sa-297/",
"warc_filename": "CC-NEWS-20241107173839-06958.warc.gz",
"warc_source": "https://data.commoncrawl.org/crawl-data/CC-NEWS/2024/11/CC-NEWS-20241107173839-06958.warc.gz",
"year_month": "2024-11"
} |
Op die vae spoor van bek-en-klouseer
Bek-en-klouseer-uitbrekings wat sedert 2021 in Suid-Afrika voorgekom het, is veroorsaak deur SAT1, 2 en 3 virusse. Hoewel die oorsprong van al die uitbrekings nie nagespoor kon word nie, blyk dit dat hierdie geïdentifiseerde virusse se oorsprong die Nasionale Krugerwildtuin is. En dat die verspreiding veroorsaak is deur die onwettige beweging van besmette diere oor provinsiale grense heen.
Die kliniese tekens van die staatsbeheerde, aanmeldbare bek-en-klouseer (BKS) lyk nie oral dieselfde nie en is in sommige gevalle ook heeltemal afwesig. Waarneming word dus baseer op kliniese inspeksies ook van die bekke van diere, en serologiese toetse om die virus te identifiseer.
‘n SAT 3-virus wat vroeg in 2022 in Limpopo ontwikkel het, het gelei tot ‘n uitbreking in Limpopo wat na Noordwes, die Vrystaat, Gauteng en Mpumalanga uitgebrei het en bekend is as die 2022 meertallige-provinsie SAT3-BKS-voorval (Engels = event).
Die bron van die virus wat BKS na die voorheen BKS-vrye sone in Limpopo gebring het, kon nog nie vasgestel word nie aangesien daar nie ‘n noue verband tussen die spesifieke virus en ander wat elders in buffer- en besmette sones van die land identifiseer is nie.Die diere wat die uitbreking in Noordwes veroorsaak het, was afkomstig van ‘n gebied in Limpopo wat nie ten tye van die verskuiwing ‘n beheerde gebied was nie.
Dieselfde virus is identifiseer in die Humansdorp en Oos-Londen voorvalle wat in Mei 2024 in die Oos-Kaap begin het.
Epidemiologiese ondersoeke in KwaZulu-Natal kon tot dusver ook nog nie die bron van die 2021 SAT2-BKS-voorval daar identifiseer nie. Die virus wat vir die uitbreking verantwoordelik was, is egter nou verwant aan die SAT2-virus wat in 2019 verantwoordelik was vir ‘n uitbreking in die noordelike deel van Limpopo.
Dit word aanvaar dat die onwettige beweging van diere uit die beheerde sone van Limpopo na KZN die uitbreking daar veroorsaak het. Dieselfde virus is identifiseer in die uitbreking in Oos-Londen wat 30 April 2024 in die Oos-Kaap begin het.
Die virus wat vir die uitbreking in Januarie 2024 in die BKS-beheerde sone in Mpumalanga is bevestig as SAT1, maar die oorsprong van die virus kon ook nog nie vasgestel word nie. Weens die gebied se ligging naby die Wildtuin kan aanvaar word dat dit die mees waarskynlike bron is.
Hoewel die BKS-vrye sone sonder inenting in 2019 verlore is, bly beheermaatreëls vir die siekte in plek soos uiteengesit in die Veeartsenykundige Prosedure-kennisgewing vir die beheer van BKS in die land. Uitvoer van lewende hawe of verwerkte produkte vanuit hierdie sones is permanent verbode.
Buffels
Die endemiese en hoogs aansteeklike siekte het waarskynlik in Afrika ontstaan en ontwikkel, se dr Peter Oberem, voorheen betrokke Wildlife Ranching South Africa (WRSA).
Volgens hom word alle diere met gesplete hoewe aangetas, insluitende wild, beeste, skape, bokke en varke. “Oor die afgelope duisend jaar het verskillende serotipes ontwikkel wat regoor die wêreld versprei het.
In Suid-Afrika word die SAT1, SAT2 en SAT3-serotipes al eeue lank met die Afrika-buffel verbind. “Dit het daartoe gelei dat die virus en buffels wedersyds aangepas het sodat buffels draers daarvan is sonder dat hulle enige simptome toon. Die meeste diere ontwikkel geringe simptome, maar veredelde, geteelde diere soos beeste, skape, bokke en varke kan ernstig siek raak.
Die veeartsenykundige kordonheinings wat in die Tagtigs en Negentigs rondom die Wildtuin opgerig is, die gereelde inenting van beeste wat met buffels in aanraking kom, en die beperkte kontak tussen buffels en beeste in die buffersone langs die Wildtuin, het uitbrekings tot een elke 5,5 jaar beperk.
Volgens dr Oberem het swak heinings en gebrekkige inenting in die kontaksones ongelukkig tot ‘n hoër voorkoms van bek-en-klouseer (en minste een elke jaar) uitbrekings gelei.
Die feit dat beeste onwettig uit die besmette- en beheersone beweeg word maak dit feitlik onmoontlik om die verspreiding van die siekte tot die gebiede te beperk. Waar die beeste beweeg word, loop bek-en-klouseer se spoor van verwoesting op hulle hakke.
Met die instelling van dieresiektebeheergebiede en streng biosekerheidsmaatreëls gooi die regering nou verwoed wal teen die verspreiding van die siekte. Die strenger maatreëls werp tog vrugte af en vier provinsies is onlangs as BKS-vry verklaar.
Met die instelling van dieresiektebeheergebiede en streng biosekerheidsmaatreëls gooi die regering nou verwoed wal teen die verspreiding van die siekte. Die strenger maatreëls werp vrugte af en vier provinsies is onlangs as BKS-vry verklaar.
Vir meer inligting, kontak Marzanne Roets by Nasionale Dieregesondheidforum by admin@NAHF.co.za
Bronverwysings
Steyn, T. (2022) FMD could wipe out game ranches. ProAgri.co.za https://proagri.co.za/fmd-could-wipe-out-game-ranches/
Steyn, T. (2024) Bek-en-klouseer in Oos-Kaap: Oorsprong nog onbekend https://proagri.co.za/bek-en-klouseer-in-oos-kaap-oorsprong-nog-onbekend/ | year=2024/part-01346.parquet/39322 | {
"author": "Tisha Steyn",
"categories": "Artikels, Dieregesondheid, Vee en Wild",
"country_tld": "South Africa",
"date": "2024-11-12",
"description": "Bek-en-klouseer-uitbrekings wat sedert 2021 in Suid-Afrika voorgekom het, is veroorsaak deur SAT1, 2 en 3 virusse. Hoewel die oorsprong van al die uitbrekings nie nagespoor kon word nie, blyk dit dat hierdie geïdentifiseerde virusse se oorsprong die Nasionale Krugerwildtuin is. En dat die verspreiding veroorsaak is deur die onwettige beweging van besmette diere",
"duplicate_count": 0,
"file_path": "/data/nfs/projects/NeurIPS_CL/output_priority/_work/subset_input/year=2024/part-01346.parquet",
"glotlid_code": "",
"glotlid_score": 0,
"hostname": "proagri.co.za",
"language": "af",
"sitename": "ProagriMedia",
"tags": "",
"title": "Op die vae spoor van bek-en-klouseer | ProAgri",
"url": "https://proagri.co.za/op-die-vae-spoor-van-bek-en-klouseer/",
"warc_filename": "CC-NEWS-20241112154800-07045.warc.gz",
"warc_source": "https://data.commoncrawl.org/crawl-data/CC-NEWS/2024/11/CC-NEWS-20241112154800-07045.warc.gz",
"year_month": "2024-11"
} |
Massey Ferguson trekkers wys hulle waarde by boeredag
Vooruitgang vereis van die Suid- Afrikaanse boer dat elke pit wat hy plant, elke druppel brandstof en elke sent insetkoste, sy deel moet bydra om wins te verdien. Massey Ferguson strek ver terug in die verlede van ons land se boerderysukses met sy oor-en-oor bewese rekord van betroubare werkverrigting en waarde vir geld. Maar Massey Ferguson reik ook ver in ons boerderytoekoms in met sy tegnologiese vindingskrag wat immers aan die voorpunt van die wêreld se trekkerontwikkeling trek.
By ՚n onlangse Massey-boeredag in die Dalton-omgewing is dit weer bewys dat Massey gefokus is op die boer.
Die AGCO-groep waarvan Massey Ferguson deel is, se besturende direkteur, Dominik Reus, vertel dat hulle naby aan die boer wil werk om die boer se behoeftes en uitdagings te verstaan. “Ons is gefokus op ons boere. Ons by AGCO, insluitend ons handelaars, wil verseker dat ons dienste as die beste in die bedryf aanbeveel word.”
Die boeredag het boere van regoor die streek bymekaargebring vir ‘n dag vol leersame ervarings en waardevolle netwerkgeleenthede. Die dag is gereël deur FMS (Farm Maintenance Services) van Pietermaritzburg, wat ook die Massey-handelaar vir die sentrale Natal-gebied is. Hierdie boeredag het die gemeenskap geleentheid gegee om hulle kennis van moderne landboutoerusting uit te brei, terwyl hulle terselfdertyd hulle waardering vir plaaslike boerderyondersteu-ning kon wys.
Cornie Tosen, verkoopsbestuurder van FMS, vertel: “Hierdie boeredag het ongeveer sewe jaar gelede ontstaan as ՚n tentafdakkie, ՚n bakkie en braaidag in in die veld.
Sedertdien het dit so gegroei dat ons vyf jaar gelede besluit het ons moet ons pogings opskerp om ՚n boeredag te bied wat by ons onderneming en produkte pas, en ook om aan boere te wys dat hulle met gemoedsrus en vertroue ons dienste en produkte kan gebruik.”
Cornie sê: “Ons is baie bevoorreg om almal hier teenwoordig te hê vandag. Jaar na jaar is hierdie dag vir ons ՚n hoogtepunt om weer skouers te skuur met ons bestaande klante en om met nuwe potensiële klante te netwerk. Ons beweeg so naby aan die boere as wat ons kan. Ons is die boere se vennote; nie net ՚n verskaffer nie en ek hoop werklik dat dit die boodskap en gevoel is waarmee die boere vandag hier sal wegstap.”
Benewens Massey se betrokkenheid by die dag, het ander verskaffers soos Radium Engineering, Falcon Equipment, Amazone en Rovic ook die geleentheid gehad om hulle toerusting aan boere bekend te stel.
՚n Boeredag enig in sy soort
Hierdie boeredag word eerder gereken as ՚n boere-ervaringsdag, waar boere self die trekkers kan bestuur en eer-stehands ervaar hoe hulle werk, hoe hulle ry en die gerieflikheid binne die kajuit self beleef. Na afloop van die demonstrasies is die sleutels in die trekkers gelos, en boere wat die dag bygewoon het, het die wiele laat rol. Stilstaantyd was daar min, en die boere kon nie genoeg kry van die trekkers, werktuie en toerusting nie.
Cornie sê: “Die demonstrasies bied boere ‘n praktiese blik en eerstehandse ervaring van hoe hierdie tegnologie hulle daaglikse take kan vergemaklik en bespoedig.”
Samehorigheid en netwerke bou
Boere het ook die geleentheid gehad om met mekaar te gesels, ervarings uit te ruil, en waardevolle netwerke te bou. Die gevoel van samehorigheid het sterk deur die dag geloop, en baie deelnemers het vertel dat hulle die dag ingelig en beïndruk verlaat het.
“Ons woon jaar na jaar hierdie boere-dag by en dit is so lekker om te sien hoe dit groei,” het een van die boere verduidelik. “Boeredae soos hierdie is belangrik omdat dit ons as boere die geleentheid gee om weer by ons medeboeremedeboere uit te kom, te gesels, idees uit te ruil en by mekaar te leer en om nuwe oplossings vir ons uitdagings te ontdek. Dit is ook vir ons lekker om te sien hoe Massey nie net in hierdie distrik groei nie, maar ook as markleiers.”
՚n Ander boer van die omgewing sê: “Ek is seker ons het almal ‘n sagte plekkie vir Massey Ferguson. Ons het met Massey grootgeword. Ek onthou nog goed, ek het in 1953 op ‘n Massey- “vaaljapie” geleer om ‘n trekker te bestuur en dit is fantasties om te sien hoe die tegnologie vooruitgaan. Ons hoop regtig hulle hou hierdie boeredag aan die gang vir die volgende paar jaar.”
Nog ՚n boer sê: “Dit was nie net ‘n geleentheid om meer te leer oor die nuutste landboutoerusting nie, maar ook ‘n geleentheid om saam te kom en die gemeenskap te ondersteun. Ek waardeer die manier waarop FMS teruggee en ons as boere bystaan.”
Een van die hoogtepunte van die dag was die nuwe 7S Massey-trekker, maar wat maak die 7S
so uniek?
Ryan Clark, produkbemarkingsbestuurder van AGCO Afrika, vertel dat hierdie trekker ՚n opgradering van die vorige reeks modelle gekry het; nie net buite nie, maar binne die kajuit ook. Hy vertel wat nog nuut is: “Hierdie trekker het selfs nog meer hidrouliese krag, met volle presisie moontlik gemaak deur AGCO se timble-presisietegnologie.”
Die trekker het ook ՚n volledige raakskerm. Hierdie skerm is ISOBUS-gereed, wat beteken dat wanneer jy ՚n ISOBUS-toegeruste werktuig aan die trekker koppel, praat die skerm met sowel die trekker as die implement en albei kan vanuit die kajuit beheer word. Dit beteken dat jy nie meer ՚n kajuit met verskeie monitors benodig nie, maar slegs een wat alles vir jou doen.
Ryan meen dat hierdie trekkers ongelooflik eenvoudig is om te verstaan en te verstel. Werk word pure plesier vir die operateur!
Voldoen aan die behoeftes van die boer
Cornie vertel: “Ons Global-reeks trekkers staan regtig uit in hierdie omge-wing, wat spesifiek aan die behoeftes van ons boere voldoen, veral vir die suikerrietboere, die melkboere en die groenteboere. Een van die grootste uitdagings wat boere die afgelope tyd in die gesig staar, is die hoë brandstofpryse en insetkostes, en ons probeer werklik om daardie gaping te oorbrug wat boere terselfdertyd meer winsgewend en doeltreffend help boer.”
՚n Dag om te onthou
FMS het gewys dat hulle nie net belangstel in die verkope van toerusting nie, maar ook in die sukses van die boere-gemeenskap. Met sulke inisiatiewe kan boere verseker wees dat hulle die regte vennoot aan hulle sy het om die uitda-gings van moderne boerdery aan te pak.
Vir meer inligting oor FMS en hoe hulle jou in jou gebied kan bystaan, besoek hulle webwerf by mf-pmb.co.za of jy kan ook vir Cornie Tosen kontak by (+27)83-260-0215 of per e-pos by cornie@fms.org.za.
Besoek Massey Ferguson Suid-Afrika se webwerf by masseyferguson.com. | year=2024/part-01330.parquet/45329 | {
"author": "Bianca Henning",
"categories": "Meganisasie",
"country_tld": "South Africa",
"date": "2024-11-08",
"description": "Vooruitgang vereis van die Suid- Afrikaanse boer dat elke pit wat hy plant, elke druppel brandstof en elke sent insetkoste, sy deel moet bydra om wins te verdien. Massey Ferguson strek ver terug in die verlede van ons land se boerderysukses met sy oor-en-oor bewese rekord van betroubare werkverrigting en waarde vir geld.",
"duplicate_count": 0,
"file_path": "/data/nfs/projects/NeurIPS_CL/output_priority/_work/subset_input/year=2024/part-01330.parquet",
"glotlid_code": "",
"glotlid_score": 0,
"hostname": "proagri.co.za",
"language": "af",
"sitename": "ProagriMedia",
"tags": "",
"title": "Massey Ferguson trekkers wys hulle waarde by boeredag | ProAgri",
"url": "https://proagri.co.za/massey-ferguson-trekkers-wys-hulle-waarde-by-boeredag/",
"warc_filename": "CC-NEWS-20241108141740-06974.warc.gz",
"warc_source": "https://data.commoncrawl.org/crawl-data/CC-NEWS/2024/11/CC-NEWS-20241108141740-06974.warc.gz",
"year_month": "2024-11"
} |
Karlien van Jaarsveld: ‘Ek sou alles weer presies dieselfde doen’
Rian van Heerden het dadelik die olifant in die vertrek aangespreek en haar uitgevra oor haar huwelik met Derick Hougaard.
al was daar al damme vol trane en moeilike tye, sal Karlien altyd vir Derick ’n sagte plek hê. Instagram: Karlien van Jaarsveld
As Karlien van Jaarsveld die tyd kon terugdraai, sou sy dinge presies dieselfde gedoen het, want sy voel elke mens het ’n pad om op hierdie aarde te stap. Só het die bekende sangeres aan Rian van Heerden vertel in hierdie week se aflewering van Laataand by Rian.
In ’n openhartige gesprek het Karlien vir Rian vertel van haar dae in Revolusie, ’n Afrikaanse rockgroep, haar egskeiding van die voormalige rugbyspeler en liefling van Loftus Derick Hougaard, haar sangloopbaan en familie.
Rian het nie doekies omgedraai nie. Hy het dadelik die olifant in die vertrek aangespreek en haar uitgevra oor haar huwelik met Derick. Hul paaie het in 2015 geskei en hulle het twee kinders, Daniël en Elah.
“Ek dink ek het ‘n behoefte om iemand te sien verander. My pa is vir my daai baken van hoop wat regtig op ’n baie slegte plek was en baie skade aangerig het en toe herstel het. Ek het gevoel daar is hoop en ek kan vir Derick help om op ’n plek te kom waar hy homself eerste sou stel. Dit het baie gekos, maar ek het ’n besluit gemaak dat ek nie my kinders deur dieselfde wil sit as waardeur ek is nie,” het sy verduidelik.
Derick se seuns het vir Bobby begin ‘Pa’ noem
Rian het verwys na die dokkie-reeks Hougaard: Liefling van Loftus waarin Derick gereeld gesê het sy kinders word van hom weggehou. Karlien het dit egter ontken. Sy sê hy het so gevoel omdat hy nie geweet het hoe om ’n pa te wees nie.
Ná haar egskeiding het sy vir drie maande by haar ewe bekende broer, Bobby van Jaarsveld, gaan bly. Die kinders het hom begin pa noem, want Derick het geen kontak met hulle gemaak nie.
“Ek het nooit besef dat dit só sou uitdraai nie. Ek het alles in my vermoë gedoen sodat hy sou commit om ’n pa te wees.”
Maar al was daar al damme vol trane en moeilike tye, sal Karlien altyd vir Derick ’n sagte plek hê. “’n Mens weet nooit wanneer ’n verhouding kan herstel nie. Daar sal altyd ’n plek wees vir hom om terug te kom.”
Elah se bloedklont verdwyn wonderbaarlik
Karlien het ook oopgemaak oor haar dogtertjie, Elah, se gesondheid. Elah is in 2018 met ’n lewensgevaarlike toestand gediagnoseer – ’n bloedklont in die poortaar, wat bloed voorsien aan die lewer, milt, maag en pankreas.
Sy het vasgehou aan Jesaja 43:19, maar dit eers ’n hele paar jaar later werklik verstaan. “Daar is ’n klomp goed wat moes gebeur voordat ek die Skrif kon verstaan. Jesus sê jy moet nie net jou naaste liefhê nie, maar jy moet jou vyand ook liefhê soos jouself. Dis hoekom ek Derick opreg liefhet, al verander hy nie. Ek het nie meer ’n verwagting van hom nie. Sewe maande nadat ek hierdie openbaring gekry het, het ons Elah weer vir ’n skandering van haar buik gevat. Die bloedklont het verdwyn.”
Hoewel sy steeds ’n paar konserte hou, wil sy eintlik net meer tyd met haar familie spandeer. “Daar kom altyd ’n tyd wanneer ek voel ek wil klaarmaak, want ek wil meer tyd by die huis deurbring. Ek het nie ‘n hart vir fame nie. Ek is nie gepla oor die handeklap van mense nie. My huis is my hele hart. Dis waar ek wil wees. Dis waar ek veilig voel en gelukkig is.”
*Laataand by Rian is elke Dinsdagaand om 21:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Die episodes is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.
LEES NOU: Schalk Bezuidenhout: Divorce shocker – Fans call ‘fake news’
For more news your way | year=2024/part-01349.parquet/83454 | {
"author": "Carien Grobler",
"categories": "Celebs And Viral",
"country_tld": "South Africa",
"date": "2024-11-13",
"description": "Rian van Heerden het dadelik die olifant in die vertrek aangespreek en haar uitgevra oor haar huwelik met Derick Hougaard.",
"duplicate_count": 0,
"file_path": "/data/nfs/projects/NeurIPS_CL/output_priority/_work/subset_input/year=2024/part-01349.parquet",
"glotlid_code": "",
"glotlid_score": 0,
"hostname": "citizen.co.za",
"language": "af",
"sitename": "The Citizen",
"tags": "",
"title": "Karlien van Jaarsveld: 'Ek sou alles weer presies dieselfde doen' | The Citizen",
"url": "https://www.citizen.co.za/entertainment/celebrity-news/karlien-van-jaarsveld-ek-sou-alles-weer-presies-dieselfde-doen/",
"warc_filename": "CC-NEWS-20241113101816-07060.warc.gz",
"warc_source": "https://data.commoncrawl.org/crawl-data/CC-NEWS/2024/11/CC-NEWS-20241113101816-07060.warc.gz",
"year_month": "2024-11"
} |
Lê li alîyê din dev nasekinin… Gotin wek xwelîyê bi ser serê her kesî de dirijin… Gotinên ji xwedîyên xwe mezintir/meztir… Gotinên ji xwedîyên xwe rizîtir, ji hezkirîyên xwe kurmîtir… De birjînin, birjînin van gotinan wek xwelîyê… Belkî em ji we hûn jî ji xwe xelas bibin.
Dema ku Heraklîtos got, ”Qerekterê we qedera we ye”, erdnîgarî êdî ne “qeder” bû, an ji bo ku qerekter û cografya jî girêdayê hev bûn hewce nedît ta bi derzîyê ve bike û bêje wiha na wiha?
Bes jixwe sûcdarkirina cografyayê mirov zûda di nîvê rê da dihêle. Ji ber ku yên cografyayê kirine qeder jî mirov û qerekterên wan bi xwe ne.
Lê niha…a niha, di vê payîza berbelav da em ê kîjan sûcê bixin stûyê kîjan qerekterê û kîjan cografyayê ji kîjan sûcê xelas bikin? An jî berevajîyê wê, em ê li kîjan dadgehê kîjan sûcê bikin stûyê kîjan cografyayê û kîjan qerekterê xelas bikin? Tew ku dadgeh dadgeh be, dê berê şûjinê pêşî bide xwe bi xwe…
Lê niha ceza li holê hene, ceza! Cezayên ku ji hezar salan mane û têra hezar salên din jî dikin… Niha ew ceza li xwedîyên xwe digere(Erê Kafka, doz a te hat bîra me dîsa, di wir da jî ceza li xwedîyên xwe digere, bes rewşa me ne wilo ye jî)! Bi çavên wek yên Kîklopsan, bi pejalên extapotan û derzîyên dûpişkan… Hêj roja me çavikên xwe vekir, ceza li me gerîya… Ceza…tim li me gerîya. Sûc bi lodan bûn, sûcên me. Sûcên ku wan ji bo me hazir kiribûn û avêtibûn ser hev.
Ceza hê jî li me digere. Çimkî ji bo ku li cîhê em li hember wan sûc û cezayên ku ne yên me ne bibin yek û wan herdûyên nebixêr ji ortê rakin bi ser ruhê hev ketin, ew herdû jî li cîhê xwe man û bûn qeder ji bo me.
Qeder… Yanî ew tişta ku tu hukmê wê tine. Qeder, yanî ew tişta ku ji tunebûna wê kirasê neçarîyê çêkirine. Qeder, yanî nebûnî… Yanî xwexapandina bi tiştên ne tişt. Qeder, yanî ku ew tişta ku dikaribû di bin panîyan da bihata peçixandin. Qeder, yanî vê kirasê tîmarxaneyê yê ku hem wan hem jî me li xwe kiriye û bi can û hişê xwe re kirîye yek…
Lê çavên Heraklîtos… Çavên wî yên li ser me, dikare ji vê kirasê tîmarxanê re tiştek bêje an wî bi xwe jî zûda terka wê fikra xwe kirîye? Xwîyaye ku serê wî jî bûye şorbe! Qedera ku di eslê xwe de ne tu tişt e, çawa bû kirasê şêtxanê û her tiştî wiha dîl girt?
Qeder, çawa ku êdî ne cografya ye ne jî qerekter,…kirasê dînan e, hew kirasê şêtxanê… Şêtxana ku wek cezayek muebed li benda me bû. Şêtxana ku me xwe dît nedît em tê de ne!
Qijikên ku bi ser serê vê şêtxanê de dikin qişteqişt, ew çima bê kiras in. Qey ew ji me bi aqiltir in?
Lê belê em ên bêqeder lê bisûc û ceza, em ên ku ku dizanin vî kirasê ku made în…a wî sûc û cezayê vê şêtxaneyê ye; Nema karin guhdarîya qedera cografyaya Îbnî Xeldûn jî û ya Heraklîtos jî bikin. Bes e loo. Û navê me hemûyan Besê/Beso ye êdî. | year=2024/part-01331.parquet/5548 | {
"author": "Bianet",
"categories": "JIYAN",
"country_tld": "",
"date": "2024-11-08",
"description": "Dema ku Heraklîtos got, ”Qerekterê we qedera we ye”, erdnîgarî êdî ne “qeder” bû, an ji bo ku qerekter û cografya jî girêdayê hev bûn hewce nedît ta bi derzîyê ve bike û bêje wiha na wiha?",
"duplicate_count": 0,
"file_path": "/data/nfs/projects/NeurIPS_CL/output_priority/_work/subset_input/year=2024/part-01331.parquet",
"glotlid_code": "",
"glotlid_score": 0,
"hostname": "bianet.org",
"language": "af",
"sitename": "Bianet",
"tags": "Civak,jiyan",
"title": "Tîmarxana qederê",
"url": "https://bianet.org/yazi/timarxana-qedere-301586",
"warc_filename": "CC-NEWS-20241108172912-06977.warc.gz",
"warc_source": "https://data.commoncrawl.org/crawl-data/CC-NEWS/2024/11/CC-NEWS-20241108172912-06977.warc.gz",
"year_month": "2024-11"
} |
Danie Reënwolf du Toit Feature laat Teatro Rock
Die Helderberg Teatro in Somerset-Wes het Woensdagaand 23 Oktober behoorlik ge-Rock toe Danie Reënwolf du Toit met sy pa, Johan du Toit, as voorleser, die verhoog gedeel het.
Die Teatrosaal was volgepak en die twee is hartelik deur die gehoor ontvang. Dit was veral die jonger mense, wat goed bewus was van sy musiek, sy songs, en ook as voorsanger van die groep Spoegwolf, wat hulle telkens luid toegejuig het.
Die vertoning is gekenmerk met stories uit die gesin se groeijare, aangevul met gedigte deur Johan du Toit en bekende en nuwer songs wat mekaar so tussen die stories en voorlesings afgewissel het.
Diegene, onbekend met Danie Reënwolf du Toit se musiek is gou meegsleur deur sy stem en al die nodige Rock-musiekelemente wat hom en sy musiek onderskei.
Johan du Toit het tydens die geleentheid sy eerste digbundel bekend gestel en na afloop van die vertoning het teatergangers geleenheid gehad om hul eie, persoonlik getekende album, by hom te koop.
Danie du Toit se loopbaan as musikant het vroeg gedurende sy hoërskooljare beslag gekry toe hy as medestigter, liedjieskrywer, sanger en ghitaarspeler van die groep, Ysterkoei, die Battle of the Bands (Rockspaaider) in 2007 gewen het.
Hy het in 2010 aan die Hoër Jongenskool in Paarl gematrikuleer en direk daarna sy tersiêre studies aan die Universiteit van Stellenbosch voortgesit.
Hy behaal sy BA-graad in Taal en Kultuur gedurende 2013 en sy honneursgraad in Geskiedenis (cum Laude) in 2016 met sy skripsie wat die rol van van vroue in Suid-Afrika beskryf asook die misplaasde posisie van plaaswerkers in die Suid-Afrikaanse wynbedryf.
Intussen was hy ook deeltyds bedrywig as studiementor vir tweedejarstudente om leiding te gee asook as deeltydse dosent aan die Universiteit van Stellenbosch.
Gedurende hierdie tydperk is ook verskeie beurse aan hom toegeken.
Sy studente aktiwiteite het sy betrokkenheid vanaf 2012 tot 2015 by die Universiteit van Stellenbosch se jaarlikse Studentesangkompetisie (sêr) as komponis van verskeie liedjies asook as voorsanger ingesluit.
Die musiek het nie agterweë gebly nie en Danie en sy broer Moskou du Toit (tromme perkussie en sang) was stigterslede gedurende 2012 van die baie gewilde Spoegwolf wat saam met Chris von Wielligh (ghitaar, klavier) en Albert van der Merwe (basghitaar en sang) verhoë landswyd oorgeneem het.
Verskeie vollengte albums van Spoegwolf is reeds uitgereik en die liedjie, “Bittermaan,” is juis die vorige Donderdag tydens ʼn geleentheid deur die FAK bekroon. Danie as skrywer, ghitaarspeler en sanger van Spoegwolf het saam met sy ouers die geleentheid in die FAK-liedjietuin by die Voortrekkermonument bygewoon.
Die liedjiebord van Bittermaan in die FAK Liedjiestuin maak nou deel uit van die liedjieborde van groot name soos Koos Kombuis, Johannes Kerkorrel en Laurika Rauch.
Verder is geskiedenis gemaak deurdat hy die jongste liedjieskrywer, asook die eerste skrywer van alternatiewe rockmusiek is wat met ʼn liedjiebord in die tuin vereer is. Bittermaan is die 61ste toevoeging tot liedjies wat in die liedjiestuin vereer word.
Danie het vertel dat hy die begin strofes van Bittermaan geskryf het toe hy nog op skool was. Daar was nog plek vir een song op op die een bundel wat Spoegwolf uitgegee het en hy het letterlik tussen sy ou gedigte en songs rondgekrap vir iets wat hy kon gebruik toe hy weer op Bittermaan afgekom het.
Hy het die gedeelte wat hy reeds geskryf het net so gehou en met jare wat verby gegaan het kon hy toe die song voltooi. Nooit sou hy kon dink dat dit juis hierdie song was wat die tuinhekkie vir hom in die FAK liedjiestuin sou oopmaak nie.
Sien meer oor die Funksie en Liedjiebord
Video – FAK Liedjiestuin onthulling
Buiten die musiek is hy ook betrokke by saam met sy broer Moskou by die Drum, ʼn restaurant in Stellenbosch waaruit die produk Drum Loud Coffee sy oorsprong het. Sy musiek en skryfkuns is maar deel van die groter opset. As entrepreneur en hulp help hy met die vervaardiging en verspreiding van die restaurant se unieke produkte, Drumfood Holdings (Edms)Bpk, en is hyo ok stigter van die The Astronomy Wine Company waar unieke wyne gebottel en plaaslik en internasionaal versprei word.
Voor en na die optrede by die Helderberg Teatro kon teatergangers ook van hierdie unieke wyne proe.
Na afloop van die vertoning het teatergangers nog lank saam met die twee kunstenaars gekuier terwyl foto’s van hulle saam met die kunstenaars geneem is en Johan du Toit digbundels verkoop en geteken het. | year=2024/part-01331.parquet/31686 | {
"author": "Kwevoel",
"categories": "General",
"country_tld": "South Africa",
"date": "2024-11-04",
"description": "Die Helderberg Teatro in Somerset-Wes het Woensdagaand 23 Oktober behoorlik ge-Rock toe Danie Reënwolf du Toit met sy pa, Johan",
"duplicate_count": 0,
"file_path": "/data/nfs/projects/NeurIPS_CL/output_priority/_work/subset_input/year=2024/part-01331.parquet",
"glotlid_code": "",
"glotlid_score": 0,
"hostname": "kwevoel.co.za",
"language": "af",
"sitename": "Die Kwêvoël",
"tags": "",
"title": "Danie Reënwolf du Toit Feature laat Teatro Rock - Die Kwêvoël",
"url": "https://www.kwevoel.co.za/2024/11/04/danie-reenwolf-du-toit-feature-laat-teatro-rock/",
"warc_filename": "CC-NEWS-20241108183537-06978.warc.gz",
"warc_source": "https://data.commoncrawl.org/crawl-data/CC-NEWS/2024/11/CC-NEWS-20241108183537-06978.warc.gz",
"year_month": "2024-11"
} |
Lindie-Alet van Staden: “Ons lag in dieselfde taal”
Lindie-Alet van Staden is pas aangewys as die Wes-Kaap se algehele wenner van die provinsie se Prestige Agriwerker van die Jaar 2024.
L’Omarins
Die 34-jarige Lindie-Alet is die bestuurder van die tuin en olyfboord op L’Omarins Landgoed in Franschhoek in die Kaapse Wynlande.
Sy het in Oktober 2022 met ‘n ompad van die pos op L’Omarins te hore gekom en aansoek gedoen. “Ek kyk nie vir ‘n oomblik terug nie – ek het hier soveel geleenthede vir groei en ‘n goeie span en kollegas wat my ondersteun.”
Haar take sluit “alles wat groen is” in: Instandhouding en ontwikkeling van L’Omarins se tuine, olyfproduksie vir tafelolywe en olie, die byeboerdery, kompos- en afvalbestuur, groentetuin en vrugteboorde op die landgoed en by die proelokale, die snyblomtuin. Ook omgewingsake, koördinering van instandhouding en herstelwerk, begrotingbestuur, personeelopleiding en -bestuur.
Boerdery is in my bloed
Sy het verskeie uitdagings oorkom, maar haar sprankelende persoonlikheid, deursettingsvermoë en toewyding maak haar ‘n wenner.
Lindie-Alet is gebore en getoë op Brits in Noordwes Provinsie, waar sy skoolgegaan het tot sy BTech Hortologie Cum laude aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie voltooi het.
“My pa Willem en oupa Piet was albei boere, landbou is in my bloed. Na matriek het ek dit vlugtig oorweeg om siviele ingenieurswese te gaan studeer maar besluit om eerder ‘n beroep te beoefen waar ek kan teruggee, waar ek met plante kan werk en in die natuur kan wees en dinge mooimaak eerder as om heeltyd omring te wees deur ‘n beton-oerwoud.”
Haar pa, wat in Julie 2020 kort na haar ma Sandra in Desember 2018 oorlede is, was altyd haar landbou-mentor. “Vandag nog vra ek vir myself hoe hy iets sou gedoen het in ‘n landbousituasie. “Mens kon vir ure lank vir hom luister en by hom leer. Hy het ook geglo om saam die span te werk en self sy hande vuil gemaak.
“Hy was ‘n groot man met ‘n mooi hart – hy het altyd gegee en nooit iets terugverwag nie. Hy kon nie anders as om ‘n goeie boer te wees nie, want hy het by Oupa Piet geleer.”
By hulle het sy ook geleer dat dit nie saak maak wie jy is en wat jy doen nie – almal moet gelyk hanteer word. Hulle het geglo dat respek, naas groente, die grootste gebaar is om aan jou naaste te gee.
Uitdagings
Sy moes al ‘n paar uitdagings oorkom. “My ouers kon nie vir tersiêre opleiding betaal nie en ek het eers ‘n paar jaar gewerk voor ek vir ‘n studielening by Atterbury Trust aansoek gedoen het. Dis juis waar my gunsteling aanhaling vandaan kom: Jou eerste wiele is nie ‘n spoggerige kar, jou eerste wiel is ‘n kruiwa. Dit beteken vir my dat ‘n mens jou van onder af moet opwerk.”
In 2017 is sy met veelvuldige sklerose, ‘n chroniese ontsteking van die senuweestelsel wat nie tans geneesbaar is nie, maar met medikasie verlig kan word. “Ek is aangeraai om ‘n kantoorwerk te kry, maar het besluit om myself nog meer te druk en nog meer aan te pak! Ek wil nie hê ‘n kroniese siektetoestand moet my lewe beheer nie – ek hardloop as ek moet loop, staan as ek moet sit. En glimlag as alles binne bietjie baie voel.”
Mandjies vol liefde
As kind het sy graag saam met haar pa in die groentetuin gewerk. Vandag nog is ertjies haar gunsteling en sy plant dit steeds in herinnering aan hom in haar eie groentetuin op L’Omarins.
“Ek het ‘n obsessie met groentesaad en koop saad as ek ‘n ekstra geldjie het – ek het al ‘n hele saadbank! Ek wil net alles plant, veral tamaties en skorsies. En pers wortels en swart radyse!
“Dit is vir my lekker om ‘n mandjie vreemde groentesoorte en kruie saam te neem as ons gaan kuier om as ‘n gebaar van dank te gee. En natuurlik ‘n paar vars eiers van my veervoete af. As jy die dag gelukkig is, is daar blou Easter Egger-eiers in jou mandjie.”
By die werk is sy en haar voorman Thulani Situma op die plaas besig om boomlusern vir ekstra byevoeding te plant. By haar huis op die plaas het sy nuwe besproeiing aangelê vir haar tamaties en twaalf verskillende soorte aartappels geplant. En sy is besig om ‘n kweekhuisie op te rig om die plantseisoen te verleng.
Ons lag almal in dieselfde taal
Die natuur inspireer haar. “Maak nie saak hoe rof jou dag is as jou kantoor die mooi natuur is nie. En om te sien hoe ‘n mens se harde werk deur die seisoen in iets mooi verander; om ‘n vaal stukkie tuin te bewerk en te omskep in iets groen en lewendig. Om te sien hoe die kleinste saadjie in ‘n enorme plant ontwikkel.”
Sy werk baie hard om ‘n voorbeeld te stel. “Ek moet myself net soms herinner om te stop en asem te haal! Ek probeer alles wat negatief is omdraai tot iets positief. Ek is lojaal teenoor en passievol oor my werk en die mense wat saam met my werk. Ek maak tuin, boer met olywe vir eet en olie en bye by die werk, én in my eie tuin. Elke jaar met my verjaarsdag vat ek ‘n dag verlof om saadjies te saai.”
Mense, elk met ‘n eie persoonlikheid, taal en ouderdom inspireer haar ook: “Om hulle te leer ken en te besef dit maak nie saak hoeveel ons van mekaar verskil nie: Ons lag in dieselfde taal. Daar is niks mooier as ‘n glimlag nie – in ‘n glimlag sien mens ander mense regtig raak, veral as jou oë saam glimlag.”
Sê nie nee vir uitdagings nie
“Ek sê nie maklik nee nie en pak altyd ekstra uitdagings aan!” verklaar sy onomwonde.
Sinvolle kommunikasie is die grootste uitdaging by die werk. “Taalverskille maak dit soms moeilik om ‘n boodskap oor te dra, maar ons almal glimlag in dieselfde taal en ons help graag die mense wat bietjie sukkel met ‘n glimlag. Dit help dat ek die wêreld se geduld het!”
Dit is ook belangrik om direk te kommunikeer. “Ek dink as jy van aangesig tot aangesig is, word ‘n saak baie vinniger opgelos. Mens lees soms te veel in ‘n boodskap of e-pos.”
Sy hanteer konflik so: “Ek glo aan diep asem haal, ‘n draai in die natuur loop en eers wanneer jy rustig is ‘n gesprek met die betrokke persoon aanknoop. Ons is geneig om te maklik ons lont te laat vlamvat. As jy eers stil raak en dink wat jou eintlik ontstel het, het jy lankal vergeet.”
Sy komplementeer graag haar spanlede wanneer hulle ‘n taak goed afgehandel het.
“Dis net menslik om goed te voel as iemand vir jou sê jou harde werk word raakgesien.”
Dit frustreer haar dat werkgewers soms nie die waarde van hulle personeel besef nie, of wanneer mense nie eienaarskap aanvaar nie.
Respek
Sy glo alle mense moet met respek behandel word. “Ek glo in groet, in opregte belangstelling in mense se lewens. Die oomblik as jy belangstel en sien waardeur hulle moet gaan kan jy soveel meer waarde tot hulle lewens toevoeg.”
Haar medewerkers se diversiteit inspireer haar. “Dis lekker om te hoor watter pad hulle gestap het om tot hier te kom. Dat hulle saam met my druk om ‘n projek af te handel as is dit hoe warm of al reën ons nat. Dat my span uit hulle pad gaan vir my en my op hulle hand dra. En hulle sêgoed laat my lekker lag!”
Sy het lankal besef boekekennis weeg nie so baie soos ervaring nie. “As jy wil weet of iets werk of kommentaar oor iets wil lewer, moenie aanneem dat jy weet voordat jy dit self doen het nie. Nie voordat jy self vuil geword het en onder ‘n 40 °C-grade son gebak het nie.”
Die vier seisoene wat elke dag in die Wes-Kaap inhou, veral hier aan die voet van die Hottentots-Hollandsberge, is beslis ook ‘n uitdaging. “As dit reën het ons darem ‘n lekker skuur waar ons plantmateriaal vestig vir oorplanting.”
Aanhou kruiwa stoot
Haar toekomsdrome sluit in om eendag haar eie plaas te hê waar sy genoeg ruimte het om pampoene te plant! “Ek wil nie baie geld hê nie, ek wil net hoop in mense wakker maak dat iets so eenvoudig soos ‘n pampoen vir jou geluk kan bring.”
En om die doel te bereik? “Aanhou hard werk, aanhou kruiwa stoot en aanhou hardloop. Jy waardeer die oes soveel meer as jy self die saadjie gesaai het.”
“Ons werkers is nie gesigloos nie”
Die jaarlikse Prestige Agriwerker-kompetisie gee erkenning aan die noodsaaklike rol wat plaaswerkers in die groeiende ekonomie en voedselsekerheid in die Wes-Kaap speel. Die deelnemers word deur hulle landbou-ondernemings in 15 streke ingeskryf en ding mee in 11 kategorieë.
“Ons werkers is nie gesigloos nie,” het dr Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme tydens die glansgeleentheid by Rheebokskloof Wynlandgoed in die Paarl gesê. | year=2024/part-01352.parquet/67049 | {
"author": "Tisha Steyn",
"categories": "Nuus",
"country_tld": "South Africa",
"date": "2024-11-13",
"description": "Lindie-Alet van Staden is pas aangewys as die Wes-Kaap se algehele wenner van die provinsie se Prestige Agriwerker van die Jaar 2024. L’Omarins Die 34-jarige Lindie-Alet is die bestuurder van die tuin en olyfboord op L’Omarins Landgoed in Franschhoek in die Kaapse Wynlande. Sy het in Oktober 2022 met ‘n ompad van die pos op L’Omarins",
"duplicate_count": 0,
"file_path": "/data/nfs/projects/NeurIPS_CL/output_priority/_work/subset_input/year=2024/part-01352.parquet",
"glotlid_code": "",
"glotlid_score": 0,
"hostname": "proagri.co.za",
"language": "af",
"sitename": "ProagriMedia",
"tags": "",
"title": "Lindie-Alet van Staden: “Ons lag in dieselfde taal” | ProAgri",
"url": "https://proagri.co.za/lindie-alet-van-staden-ons-lag-in-dieselfde-taal/",
"warc_filename": "CC-NEWS-20241113222600-07072.warc.gz",
"warc_source": "https://data.commoncrawl.org/crawl-data/CC-NEWS/2024/11/CC-NEWS-20241113222600-07072.warc.gz",
"year_month": "2024-11"
} |
Peritum Agri en AgBiz Grain vat hande om nuwe kursus uit te rol
Agbiz Grain en die Peritum Agri Institute span kragte saam om die versnelde ontwikkeling van graansilobestuurders in Suid-Afrika moontlik te maak. Agbiz Grain is die organisasie wat die gemeenskaplike belange van kommersiële graanhanteerders en opbergers, die Agbiz Grain-lede, bevorder deur bystand en beïnvloeding van die graanbedryf.
Suid-Afrika produseer gemiddeld 13,5 miljoen ton mielies en nog 1,9 miljoen ton koring jaarliks. Addisoneel hiertoe word ander grane soos gars en sorghum asook oliesade soos sonneblom, canola en sojabone ook op skaal verbou. Ongeveer 70% van hierdie graan en oliesade wat geproduseer word in Suid-Afrika, word deur die twaalf lede van Agbiz Grain opgeberg. Gesamentlik het hierdie maatskappye 334 silokomplekse wat betonsilos, silosakke en bunkers insluit.
Die inname en opberging van grane en oliesade is in die hande van ‘n graandepotbestuurder wat toesien dat die produk volgens die Wet op Landbouprodukstandaarde (WET No. 119 VAN 1990) geklas en gegradeer word voor dit mag verhandel. Opbergers droog, deurlug en berook ook die produk vir veilige opberging.
Om ’n graansilobestuurder deur blootstelling of werkservaring beroepsgereed te kry neem tussen agt en twaalf jaar en gevolglik is hierdie beroep deur AgriSeta as kritiese -en skaarsvaardigheid gelys. Agbiz Grain het die inisiatief geneem en ’n kwalifikasie ontwikkel vir die opleiding van graansilobestuurders. Die Beroepssertifikaat: Graandepotbestuurder is in 2023 deur die QCTO geakkrediteer.
Peritum Agri Institute was die eerste, en tans enigste, opleidingsmaatskappy wat akkreditasie verwerf het om hierdie kwalifikasie aan te bied. Peritum College, geleë in die Vrystaat, is tans die grootste privaat landboukollege in Suid-Afrika.
En hier is die goeie nuus!
Agbiz Grain lede in die graansilobedryf in Suid-Afrika bied nou in samewerking met Peritum College aan matrikulante en jongmense onder die ouderdom van 25 jaar die kans op ’n loopbaan in graanopberging!
Die Beroepssertifikaat: Graandepotbestuurder, is ‘n praktykgerigte studie wat oor ‘n twee jaar periode voltooi word en die student voorberei op ’n beroep in graanopbergingsbestuur. In 2025 word ’n gewaarborgde internskap aan 70 jong Suid-Afrikaners gebied wat vir hierdie studierigting inskryf by Peritum Agri Institute.
In 2025 sal ingeskrewe studente sewe akademiese studieweke aan die Peritum Kampus bywoon, gevolg deur aanlyn bestudering van die akademiese materiaal en TEAMS gebasseerde sessies saam met hul lektore. Tydens hierdie jaar handel studente die teoretiese inhoud van die kwalifikasie af. Hulle sal ook die geleentheid kry om die landboumaatskappy waar hulle geplaas sal word vir internskappe te besoek.
In jaar twee, 2026, word studente vir 10 maande by ’n graansilo geplaas vir werkplek gebasseerde leer. Hierdie plasing stel die studente in staat om die praktiese komponente van die kwalifikasie en die take wat daarmee gepaard gaan, te voltooi.
In 2027 verander die plasing na ‘n betaalde internskap by dieselfde landboubesigheid. Dit bied aan studente geleentheid om genoegsame werksondervinding op te doen alvorens hulle die finale eksamen in die kwalifikasie aflê aan die einde van 2028. Hierdie program versnel nie net die ontwikkelingsproses van graansilobestuurders nie, dit bied ook ’n bekostigbare geleentheid aan jong Suid-Afrikaners om beide ’n relevante kwalifikasie en werksplasing in die landbousektor te bekom. Internskapplasings is beskikbaar in Gauteng, Mpumalanga, Noordwes, die Vrystaat en Wes-Kaap.
Navrae kan gerig word aan Odette Shepperson, Bemarkingsbestuurder aan die Peritum Agri Institute. Sy kan gekontak word by marketing@peritumagri.com of telefonies by 0861228467.
Oor Peritum Agri Institute
Peritum dien as ‘n toegangspunt tot omvattende oplossings vir die ontwikkeling van ‘n veerkragtige werksmag wat toegewy is aan die transformasie van die landbousektor vir ‘n volhoubare toekoms. Ons is ‘n vaardigheidsontwikkelingsinstituut wat daartoe verbind is om individue op te lei wat landbou in Suid-Afrika bevorder. Ons gemeenskap sluit jong boere in wat praktiese landboukwalifikasies nastreef, korporasies wat betrokke is by die landbousektor, gevestigde kommersiële boere en hul werknemers, opkomende boere, en alle deelnemers in verwante landboubedrywe.
Die PERITUM MANIER verteenwoordig ‘n lewenslange leer- en ontwikkelingsreis vir individue en hul organisasies. Dit bied ‘n duidelik gedefinieerde leerpad waar deelnemers voortdurend vaardighede verwerf, wat hulle in staat stel om oor tyd ‘n volhoubare loopbaan in landbou te verseker. Hierdie benadering ondersteun ook organisasies wat toegewyd is aan deurlopende verbetering, wat hulle in staat stel om te floreer en toekomstige uitdagings die hoof te bied. | year=2024/part-01352.parquet/67092 | {
"author": "Spesialisskrywer",
"categories": "Nuus",
"country_tld": "South Africa",
"date": "2024-11-13",
"description": "Agbiz Grain en die Peritum Agri Institute span kragte saam om die versnelde ontwikkeling van graansilobestuurders in Suid-Afrika moontlik te maak. Agbiz Grain is die organisasie wat die gemeenskaplike belange van kommersiële graanhanteerders en opbergers, die Agbiz Grain-lede, bevorder deur bystand en beïnvloeding van die graanbedryf. Suid-Afrika produseer gemiddeld 13,5 miljoen ton mielies en",
"duplicate_count": 0,
"file_path": "/data/nfs/projects/NeurIPS_CL/output_priority/_work/subset_input/year=2024/part-01352.parquet",
"glotlid_code": "",
"glotlid_score": 0,
"hostname": "proagri.co.za",
"language": "af",
"sitename": "ProagriMedia",
"tags": "",
"title": "Peritum Agri en AgBiz Grain vat hande om nuwe kursus uit te rol | ProAgri",
"url": "https://proagri.co.za/peritum-agri-en-agbiz-grain-vat-hande-om-nuwe-kursus-uit-te-rol/",
"warc_filename": "CC-NEWS-20241113222600-07072.warc.gz",
"warc_source": "https://data.commoncrawl.org/crawl-data/CC-NEWS/2024/11/CC-NEWS-20241113222600-07072.warc.gz",
"year_month": "2024-11"
} |
Boervrou toor met spekboom in die kombuis
Bhejane Wildreservaat is tussen Willowmore en Steytlerville in die Oos-Kaap geleë.
Dit is hier waar Philip en Adriana Theunissen in die ongerepte wildernis hulle self tuis gemaak het en ‘n bestaan uit die landskap kerf, hetsy deur die wondere van die natuur vir vreemdelinge uit die buiteland ontsluit, of deur die visier van ‘n jaggeweer wat korrel trek op die grys blad van ‘n majestueuse koedoebul in die ruigtes.
Terwyl Philip plaaslike en buitelandse jagters op soek na ‘n biltongbok of ‘n jagtrofee in die 50 000 hektaar konsessiegebied neem, leef Adriana haar liefde vir kosmaak kreatief uit, veral met die ikoniese spekboom (Portulacaria afra) , wat so goed in die dor gebied aard, as bestanddeel.
Spekboomwonder
Philip se pa Hendrik het die plaas Toverfontein van 2 500 ha groot dertig jaar gelede in die Grootriviervallei tussen Willowmore en Steytlerville gekoop. Hy het toe al die visie gehad om wild in die gebied te vestig.
Adriana, ‘n nooi Burger, het in die Robertsomgewing in die Wes-Kaap grootgeword. “Ek en Philip het mekaar ontmoet toe ons saam in die korporatiewe wêreld gewerk het,” vertel sy.
“As ek nou terugdink aan Robertson en die kontras met my lewe in die Karoo, dink ek die Wes-Kaap is vir seker die land van melk en heuning waarvan die Bybel vertel. Die Karoo se droogtes is maar kwaai!”. En sy hoef nie uit te brei nie: die kontras staan in die ruwe landskap geskrywe.
“Ek was nog altyd ‘n plaasmeisie met ‘n passie vir my hoenders en om buite te wees,” vertel sy., “En hier in die Oos-Kaapse Karoo het ek spekboom, ons wonderplant, leer ken.
“Ek het regtig ‘n passie vir spekboom en gebruik dit in allerhande kos: van slaaisous tot blatjang, ontbytbrood vir burgers, bo-op nagereg vir ‘n tikkie soet-suursmakie, en in ‘n wildspotjie vir Sondagmiddagete!”
Tydens die onlangse droogte het Adriana se liefde vir die spekboom ‘n uitkoms gebied. “My passie vir spekboom het begin met my slaaisous. In die droogtetyd het ek vir die Here gevra om my te help om ‘n ekstra inkomste te maak. Diegene wat al my spekboomslaaisous bekom het sou gesien het my Bybelversie, Mattheus 4:4, staan op die plakker!”
“Daar staan geskrywe: “’n Mens leef nie net van brood nie maar van elke word wat uit die mond van God kom.”
Haar resep vir spekboom in ‘n wildspotjie is eenvoudig. “As daar nou op ‘n Sondag weer besluit word om ‘n pot te maak, hetsy wild-, bees- of hoender-, en daar is ppekboom in die tuin, pluk gerus ‘n hele tak af en laat dit so stadig prut vir die laaste halfuur voor opskeptyd. Die blare stoom af en die stammetjie kan weggegooi word – die blare gee ‘n heerlike witpepersmakie”
En vanjaar tydens die tweede Country in die Karoo-konsert wat hulle sedert verlede jaar in die wildreservaat aanbied, het sy hulle eie boereworskompetisie met die einste spekboomwors gewen! “Ek het my wildswors gemeng met spekboom ingeskryf en sowaar gewen omdat die sappige geure so lekker bymekaarkom.”
Trofeejag
Die Karoolandskap hier bestaan uit berge, droë rivierbeddings omsoom met soetdorings en gras. En dan is daar die Grootriviervallei met sy spekboom-bosveld en berge wat selfs vir ‘n gesoute jagter se vernuf verg om die sku koedoebul, Kaapse bergsebra of klipspringer in ruie bos te vind.
Die valleie is die tuiste van buffels, njalas, bosbokke, rooibokke, steenbokke, duikers, blou- en swartwildebeeste en die immerteenwoordige koddige vlakvarke met hulle weglê-bakkebaard en sekeltande – baie van die diere trofee wat die jagter vir altyd trots sal herinner aan die jag.
Hulle doen ook trofeejag en fokus hoofsaaklik op buitelandse jagters wat sommer die hele familie op die jagtog saambring.
“Ons hanteer nie net die jag nie, maar neem hulle ook ‘n paar dae lank op ‘n toer na die Wes-Kaapse wynlande by Robertson, en maak ook ‘n draai in Kaapstad. Ons besoek ook Oudtshoorn, ons naaste dorp in die Klein-Karoo, en ‘n besoek aan die Addo-Olifant Nasionale Park is ook ‘n hoogtepunt.
“Die buitelandse jagters beleef nie net die jagervaring saam met hulle familie nie, maar word ook blootgestel aan die kontraste en ander aktiwiteite wat ons mooi land bied.”
Biltongjagters
Naas trofeejag, verdien hulle ook ‘n inkomste uit biltongjagters. “Ons probeer om vir die biltongjagter ‘n volledige diens te lewer deurdat ons nie net die jag behartig nie, maar ook die verwerking van hulle vleis doen sodat ons vir hulle ‘n eenstopdiens lewer.”
Vir biltong jag is daar hoofsaaklik koedoes, elande, rooibokke, springbokke en vlakvarke. “Die biltongjagters betaal per bok. Ons verwerk die vleis en versend of lewer die vleis so twee weke na die jagtog af.”
Van die wild word ook verkoop om getalle te bestuur omdat die veld se drakrag afhang van hoeveel reën hulle kry. Om natuurlike weiding in spekboom-ruigteveld aan te vul word ook lusern geplant. Die weiding dien ook as voer vir nguni-beeste en dorpers, wat redelik gehard is.
Luukse lodges
Jagters kan in een van drie goed toegeruste luukse lodges oorbly en saans aandete in die Lapa by die hoofgebou geniet. Maar voor jy kom aansit, word jy eers na ‘n uitkykpunt geneem om ‘n asemrowende sonsondergang oor die veld en berge te ervaar terwyl jy aan jou gunsteling drankie teug en aan ‘n stukkie wildsvleis en kaas kou.
Country in die Karoo
Verlede jaar het die Theunissens en hulle vennoot Mark Cobb, wat tans in Texas in die VSA woon, die plan gekry om die Country in die Karoo-fees op Bhejane aan te bied. “Ons het besluit om die Texas country-musikant en ‘n paar van ons eie country-sangers bymekaar te kry en die opskop saamgestel.”
Vir die doel is ‘n struktuur opgerig, doelgemaak om groot groepe mense te onthaal. Sedert hulle die lokaal wat sitplek vir 250 gaste bied, in 2022 voltooi het, het hulle nou al twee keer die Country in die Karoo-fees aangebied. “Ons bou maar nog aan ons visie vir wat dit eendag kan wees.”
Die lokaal is toegerus met ‘n groot kombuis ingerig om spyseniering te doen, ‘n groot buitelug braaiarea en ‘n kroeg. Die parkering is groot genoeg vir 100 voertuie.
As hul eie verblyf nie voldoende vir meer as hoeveel gaste is nie, het hulle ‘n ooreenkoms met die hotelle in Willowmore en Steytlerville vir altesaam 125
Die lokaal word ook gebruik vir troues, boerevereniging-vergaderings, spanbousessies en jaareidfunksies.
Ander trekpleisters
Nog ‘n trekpleister wat meer as 100 besoekers gelok het, was laasjaar se BMW GS Motorrad-saamtrek. Die motorfietsryers het van die luukse verblyf en kampeerterrein gebruik gemaak en van Adriana se lekker kos geniet. Bhejane is hoeka ‘n gunsteling oorblyplek vir motorfietsryers wat van heinde en verre na die nabygeleë Baviaanskloof se uitdagende grondpadroetes onderweg is.
Buiten al die ander wondere, is Bhejane ook ‘n voëlkykersparadys met meer as 180 voëlspesies wat in die groot verskeidenheid habitatte nesmaak in bome en bosse langs die rivier, in die klowe en valleie.
Die Grootrivier is standhoudend en selfs al was die reën min, is daar nog diep kuile waar talle visse tussen die riete skuil en wat jy kan probeer kul met ‘n wurm of ‘n blink lepel. Maar wat jy ook al vang, moet liefs teruggaan in die water.
Visie vir die toekoms
Volgens Philip was die omgewing die hoofrede vir die skuif na die wildbedryf. “My pa Hendrik het dertig jaar gelede die visie gehad om die plaas hier te koop en ons het daarop bly voortbou. Ons wil dit nog meer spesiaal maak en die natuur sy reg gee om weer tot volle potensiaal te ontwikkel en inheemse plante en diere huisves soos in die verlede. Ons is mos rentmeesters vir ‘n kort tydjie op aarde en daarom wil ons dit wat aan ons toevertrou is beter agterlaat vir die nageslag.”
Uitdagings
Die grootste uitdagings in die wild- en veebedryf is die swak ekonomiese groei en werkloosheid in die land. En dan is daar ook nog die ongediertes wat onder die wild maai. “Aardverwarming en die wisselvalligheid van ons klimaat, soos die droogte, is ook ‘n groot uitdaging. Dieresiektes soos bek-en-klouseer is nou ook ‘n nuwe uitdaging vir die Oos-Kaap.”
Op Bheyane probeer Philip-hulle die uitwerking van klimaatsverandering versag deur meer weiding aan te plant en te bêre vir droë jare. “Ons bestuur ons wildgetalle om oorbeweiding te verhoed. Onthou, hier boer ons met veld, bossies, bome en die grond en dit is wat bewaar moet word om al die ander spesies te huisves!”
Hulle is ook voorstanders van herlewingslandbou. “Ons kyk na waar geleenthede is om stikstof en koolstof terug te sit in die grond, en selfs moontlikheid om die veld so te bestuur dat ons uiteindelik finansiële voordeel kan trek uit koolstofkrediete, wat ‘n wen-wen-situasie vir enige grondeienaar is.”
Kontakbesonderhede
Kontak Philip Theunissen by 082-856-1256 of info@bhejane.co.za of besoek die webwerf by www.bhejane.co.za | year=2024/part-01339.parquet/78313 | {
"author": "Tisha Steyn",
"categories": "Artikels, Hulpbronbestuur",
"country_tld": "South Africa",
"date": "2024-11-11",
"description": "Bhejane Wildreservaat is tussen Willowmore en Steytlerville in die Oos-Kaap geleë. Dit is hier waar Philip en Adriana Theunissen in die ongerepte wildernis hulle self tuis gemaak het en ‘n bestaan uit die landskap kerf, hetsy deur die wondere van die natuur vir vreemdelinge uit die buiteland ontsluit, of deur die visier van ‘n",
"duplicate_count": 0,
"file_path": "/data/nfs/projects/NeurIPS_CL/output_priority/_work/subset_input/year=2024/part-01339.parquet",
"glotlid_code": "",
"glotlid_score": 0,
"hostname": "proagri.co.za",
"language": "af",
"sitename": "ProagriMedia",
"tags": "",
"title": "Boervrou toor met spekboom in die kombuis | ProAgri",
"url": "https://proagri.co.za/boervrou-toor-met-spekboom-in-die-kombuis/",
"warc_filename": "CC-NEWS-20241111053641-07016.warc.gz",
"warc_source": "https://data.commoncrawl.org/crawl-data/CC-NEWS/2024/11/CC-NEWS-20241111053641-07016.warc.gz",
"year_month": "2024-11"
} |
Neem beheer oor jou graanberging met neXgro
Doeltreffende graanberging is noodsaaklik vir ’n boer se oorlewing. Deesdae is ’n graansilo op jou plaas nie net meer ’n luuksheid nie, maar ’n noodsaaklike strategiese voordeel.
neXgro verstaan die deurslaggewende rol wat graanopberginsgbakke en silo’s in jou landboubelegging speel. Daarom verkoop neXgro nie net ’n silo aan jou nie, maar hulle staan jou by met die installasie, projekbestuur en sleuteloplossings wat jou boerdery benodig.
Hoekom neXgro?
neXgro se graanopbergingsbakke en silo’s voldoen aan die uiteenlopende vereistes van Suid-Afrikaanse boere en handelaars. Met die nuutste tegnologie verseker hulle die veilige berging van jou saad of graan.
Die kundige span by neXgro verseker dat net die hoogste bedryfstandaarde nagekom word tydens die installasie van jou bergingsoplossing.
Hulle oplossings is ontwerp om jou handelsbedrywighede makliker te maak. Van stelselontwerp en installasie tot instandhouding en ondersteuning, hulle dek alles sodat jy op jou onderneming kan konsentreer.
Deur op die terrein handel te dryf, kan jy jou vervoerkostes en tyd aansienlik verminder.
Meer beheer oor uitlaaitye
Deur self jou graanberging te hanteer, het jy meer beheer oor die uitlaai van jou graan. Jy kies wanneer en hoeveel graan jy wil uitlaai, wat jou meer beheer gee oor jou vervoer- en logistiekehulpbronne. Dit verlig die druk op die vervoernetwerk tydens spitstye wat dikwels vererger word deur vinniger oestye en beperkte logistieke kapasiteit.
Vermy bottelnekke
Met graanberging op jou plaas kan jy ’n meer doeltreffende vervoerstrategie in plek sit wat die kombinasie van opgaar en aflaai na vervaardigers vereenvoudig. Dit veroorsaak dat jy geen meer bottelnekke het terwyl jy wag vir jou beurt om jou graan na jou vervaardiger te neem nie.
Vermeerder jou winspotensiaal
Landboukommoditeite soos graan en saad is meer as net oeste, dit is die ruggraat van ons voedselvoorraad en ’n belangrike deel van die Suid-Afrikaanse ekonomie.
neXgro se oplossings verseker jou van topklas graan wat vir jou topklas pryse op die mark sal voorsien.
Beter markgeleenthede
Landbou- en kommoditeitsverhandeling speel ’n deurslaggewende rol in die internasionale ekonomie. Die verbintenis tussen vervaardigers en produsente is meer as net ’n transaksie, dit gaan oor die versekering van die beste pryse, die bestuur van onderliggende risiko’s en versekering van volhoubaarheid. Dit is waar doeltreffende handelspraktyke die verskil maak. Met neXgro se oplossings is jy in beheer van jou graan. Só kan jy spaar aan brandstof en bergingskostes terwyl jy weet dat jy top-gehalte produkte in die vinnigste tyd by die produsente uitkry.
Om meer te leer oor hoe jy beheer van jou eie graanberging kan neem, stuur ’n e-pos na info@nexgro.co.za of skakel (+27)11-692-4400. | year=2024/part-01356.parquet/7545 | {
"author": "Natasha Pretorius",
"categories": "Artikels, Gewasproduksie",
"country_tld": "South Africa",
"date": "2024-11-14",
"description": "Doeltreffende graanberging is noodsaaklik vir ’n boer se oorlewing. Deesdae is ’n graansilo op jou plaas nie net meer ’n luuksheid nie, maar ’n noodsaaklike strategiese voordeel. neXgro verstaan die deurslaggewende rol wat graanopberginsgbakke en silo’s in jou landboubelegging speel. Daarom verkoop neXgro nie net ’n silo aan jou nie, maar hulle staan jou",
"duplicate_count": 0,
"file_path": "/data/nfs/projects/NeurIPS_CL/output_priority/_work/subset_input/year=2024/part-01356.parquet",
"glotlid_code": "",
"glotlid_score": 0,
"hostname": "proagri.co.za",
"language": "af",
"sitename": "ProagriMedia",
"tags": "",
"title": "Neem beheer oor jou graanberging met neXgro | ProAgri",
"url": "https://proagri.co.za/neem-beheer-oor-jou-graanberging-met-nexgro/",
"warc_filename": "CC-NEWS-20241114171022-07087.warc.gz",
"warc_source": "https://data.commoncrawl.org/crawl-data/CC-NEWS/2024/11/CC-NEWS-20241114171022-07087.warc.gz",
"year_month": "2024-11"
} |
՚n Werkesel met 28 500 uur agter die naam – Nog steeds onvermoeid aan die werk!
Wanneer Suid-Afrikaanse boere oor Valtra-trekkers en toerusting gesels, is daar altyd ՚n refrein van waardering – nie net vir die trekkers se werkverrigting nie, maar ook vir die uitsonderlike diens wat hul betroubaarheid verseker. By die hart van hierdie diens staan Valtrac, wat nie net trekkers en ander werktuie verskaf nie, maar die volhoubaarheid en werkverrigting daarvan verseker deur topgehalte diens en onderhoud.
Valtra se legendariese uithouvermoë op die plaas
Neem byvoorbeeld die Valtra N111 van Rosaly-groenteboerdery naby Tarlton. Dié trekker werk al sedert 2007, en het reeds meer as 28 500 ure op die klok. Elke dag staan hierdie werkesel gereed om sy deel op die plaas te doen. Dit is nie net die indrukwekkende aantal ure wat die trekker al fluks gewerk het nie, maar ook die onskatbare waarde wat Valtra se ontwerp en betroubaarheid bied. Die gehalte wat Valtrac aan sy kliënte lewer, is duidelik sigbaar in die prestasie van hierdie trekker, wat steeds na al hierdie ure nie sy vermoë verloor het nie.
Robért Venema van Rosaly Boerdery, ՚n lojale Valtra-klant vir meer as twintig jaar, vertel: “Ons het begin met een Valtra en het nou agttien in ons vloot. Valtrac se diens is uitstekend en ons voel nou al soos deel van ՚n familie. Hierdie Valtra het al meer as 28 500 ure op die klok, en sy onderhoudskoste was minimaal. Dit is die gehalte waarna ons op ons plaas soek.”
Kundige diens vir betroubare werkverrigting
Vir Valtra-trekkers en hulle eienaars is dit nie net die trekkers wat belangrik is nie – die diens wat aan hulle gelewer word, is van ewe groot waarde. Valtrac se tegnici bring ՚n mengsel van kundigheid en toewyding na elke diens. Of dit nou gaan oor basiese onderhoudsdiens of ingewikkelde elektroniese diagnose, Valtrac verseker dat Valtra-trekkers altyd honderd persent op stryk bly.
“Om ՚n suksesvolle trekkerwerktuigkundige te wees, verg meer as net handewerk,” sê Jaco van den Berg, werkswinkelbestuurder van Valtrac. “Jy moet ook elektroniese vaardighede hê om die betroubaarheid wat Valtra beloof, in stand te hou.”
՚n Dag in die lewe van ՚n Valtrac-tegnikus
Elke dag by Valtrac is vol uitdagings met tegnici wat tussen roetine-onderhoud en meer ingewikkelde herstelwerk beweeg. Ruan van Wyk (23), ՚n toegewyde tegnikus, sê: “Valtra se enjins is eenvoudig die beste. Min probleme, groot krag – dit is wat ek van Valtra hou.”
Dit is hierdie toewyding wat Valtrac se tegnici motiveer om ՚n verskil te maak op die plaas en die betroubaarheid van die trekkers wat hulle dien, te verseker.
Gert Pretorius (22) sien elke dag as ՚n avontuur. “Ons werk op plekke wat jy nooit sou dink jy sou besoek nie,” sê Gert. Elke werksdag bring nuwe uitdagings, maar die voldoening wat hulle uit die werk kry, is wat elke dag besonders maak. Valtrac se tegnici se werk gaan verder as net die handelinge wat hulle verrig – dit is die liefde wat hulle vir die werk bring wat die verskil maak.
Die 500-uur diens – ՚n sleutel tot langlewendheid
Die Valtra N111 op Rosaly-boerdery is nie net ՚n simbool van duursaamheid nie, maar ook van die belangrikheid van beplanning en gereelde versorging. Die trekker het onlangs sy 500-ure diens ontvang, wat ՚n grondiggende deel van sy voortgesette betroubaarheid is. Hierdie diens verseker dat die trekker in ՚n toptoestand bly en die werk kan aanhou verrig.
“Elke 500-ure diens is ՚n kans om die trekker in ՚n goeie toestand te hou,” sê Ruan. Hierdie beplande dienste maak die lang lewe van Valtra-trekkers moontlik, terwyl dit help om die koste laag te hou.
Die Valtrac-vakleerlingprogram: ՚n Kans vir die jeug
Valtrac se sukses is nie net die resultate van die werk wat vandag gedoen word nie, maar ook van die belegging wat in die toekoms gedoen word. Die Valtracvakleerlingprogram is ՚n unieke kans vir jong mense om as tegnici in die landboubedryf opgelei te word. “Ons opleidingsprogram bied die kans om nie net die tegniese kennis te bekom nie, maar ook die vakmanskap wat nodig is om ՚n suksesvolle loopbaan in hierdie bedryf te bou,” verduidelik Jaco van den Berg. Die program, wat reeds meer as twintig jaar bestaan, het reeds baie talentvolle tegnikusse opgelewer wat die landboubedryf in Suid-Afrika versterk.
Die toekoms van Valtra se tegniese uitnemendheid
Valtrac bly verbind tot die langtermynondersteuning van Valtra-trekkers, of hulle nou oud of nuut is. Die toekoms van die maatskappy en die Valtra-handelsmerk is duidelik – dit is ՚n samewerking wat gegrond is op tegniese uitnemendheid en ononderbroke diens. Jaco van den Berg sê dit duidelik: “Valtrac is nie net ՚n werkplek nie, dit is ՚n familie wat sorg dat elke tegnikus die kennis, vaardighede en passie het om ՚n verskil te maak.”
Sluit aan by die Valtrac legende
Die pad is oop vir diegene wat wil aanhou bou aan die toekoms van die landboubedryf. Stuur jou kort CV deur om as ‘n vakleerling tegnikus by Valtrac aan te sluit (hr@valtrac.co.za) of besoek www.valtrac.co.za vir meer inligting. Miskien is jy die volgende legende wat gereed is om ՚n verskil te maak en trekkers aan die gang te hou op plase regoor Suid-Afrika. | year=2024/part-01360.parquet/19896 | {
"author": "Artikel voorsien",
"categories": "Artikels, Meganisasie",
"country_tld": "South Africa",
"date": "2024-11-15",
"description": "Wanneer Suid-Afrikaanse boere oor Valtra-trekkers en toerusting gesels, is daar altyd ՚n refrein van waardering – nie net vir die trekkers se werkverrigting nie, maar ook vir die uitsonderlike diens wat hul betroubaarheid verseker. By die hart van hierdie diens staan Valtrac, wat nie net trekkers en ander werktuie verskaf nie, maar die",
"duplicate_count": 0,
"file_path": "/data/nfs/projects/NeurIPS_CL/output_priority/_work/subset_input/year=2024/part-01360.parquet",
"glotlid_code": "",
"glotlid_score": 0,
"hostname": "proagri.co.za",
"language": "af",
"sitename": "ProagriMedia",
"tags": "",
"title": "՚n Werkesel met 28 500 uur agter die naam – Nog steeds onvermoeid aan die werk! | ProAgri",
"url": "https://proagri.co.za/%D5%9An-werkesel-met-28-500-uur-agter-die-naam-nog-steeds-onvermoeid-aan-die-werk/",
"warc_filename": "CC-NEWS-20241115155617-07105.warc.gz",
"warc_source": "https://data.commoncrawl.org/crawl-data/CC-NEWS/2024/11/CC-NEWS-20241115155617-07105.warc.gz",
"year_month": "2024-11"
} |
Potsdam Watersuiweringswerke opgradering op skedule
Die R5,2 miljard opgradering van die Potsdam watersuiweringsaanleg in Milnerton, Kaapstad, verloop volgens skedule met sigbare vordering op die terrein.
Met die opgradering sal die kapasiteit van die aanleg aansienlik verhoog word en die gehalte van die afvoerwater ook grootliks verbeter word.
Hierdie grootskaalse opgradering waarby twee konstruksie kontrakte betrokke is, een vir die sivielewerk en die ander vir die daarstelling van die meganiese- en elektriese-infrastruktuur, is 20 maande gelede van stapel gestuur.
Die projek is een van Kaapstad se grootste infrastruktuur projekte en die voltooide aanleg se kapasiteit sal met voltooiing vanaf die huidige 47 miljoen liter per dag tot 100 miljoen liter per dag opgestoot word.
Volgens die mediavrystelling van die Groter Kaapstad munisipaliteit is die eerste fase van die projek, naamlik die konstruksie van die ultrafiltreeringsfasiliteit wat gevorderde filtreerprosesse soos mikroskerm ultrafiltrasieskerms en ultraviolet-ontsmetting behels, nou afgehandel.
Scroll down for Video and English editorial
Die werk sluit ook ʼn afvoerwaterpompstasies in vir gesuiwerde water wat die stad se vermoë verbeter in terme van watervoorsiening.
Die siviele gedeelte van die membraanbioreaktorfasiliteit se inlaat en die rourioolpompstasie tans onder konstruksie, beslaan die grootste gedeelte van die opgraderingsprojek vir verhoogde kapasiteit.
So ook is die siviele werk aan die ontwateringsaanleg afgehandel en is reeds aan die kontrakteur verantwoordelik vir die installering van die meganiese- en elektriese toerusting oorhandig. Volgens beplanning sal die ontwatering- en ultrafiltreringinstallasies teen middel 2025 in werking gestel word met die finale opgradering wat teen die laaste kwartaal in 2027 voltooi sal wees.
Kaapstad is voltyds betrokke om die omgewingsgesondheids van Dieprivier en die Milnertonlagoon op verskeie maniere te herstel.
Die baie belangrike infrastruktuur opgraderings binne die Potsdam Watersuiweringsaanleg area is instrumentaal in hierdie proses en daar word met groot verwagting uitgesien na die vordering hiervan oor die volgende aantal maande.
VIDEO
CITY OF CAPE TOWN – 11 NOVEMBER 2024 – MEDIA RELEASE
R5,2 bn Potsdam Wastewater Treatment Works upgrade on track
Mayoral Committee Member for Water and Sanitation, Councillor Zahid Badroodien recently took an oversight visit to check progress on the R5,2 billion upgrade of the Potsdam Wastewater Treatment Works in Milnerton. Joined by the Section 79 Water and Sanitation Portfolio Committee, and the Section 80 Mayoral Advisory Committee for Inland Water Quality, upgrades to one of the Western Cape’s largest infrastructure projects is well on track. Construction, which started in April 2023, is expected to be completed by 2027. Read more below:
Now, 20 months into the large-scale upgrade of Potsdam Wastewater Treatment Works (WWTW), significant progress has been made towards ensuring that this essential facility increases in capacity and improves the quality of treated effluent processed.
About this state-of-the art upgrade:
· The upgrade is being done through two construction contracts: one for civil infrastructure and another for providing mechanical and electrical infrastructure.
· This is one of the city’s largest infrastructure projects, designed to expand the plant’s capacity from 47 million litres to 100 million litres per day.
· Cutting-edge membrane technology will be progressively added to ensure high wastewater treatment and treated effluent standards.
Progress to date:
· The civil construction of the ultrafiltration plant has been completed. This plant will encompass advanced treatment processes, such as micro-screening, ultrafiltration membranes and ultraviolet disinfection. Also included is a treated effluent reuse pump station that will assist the city in becoming more water resilient. A contractor is currently working on the installation of mechanical and electrical equipment.
· Construction of the process control facility is under way. This will be the operational node for the plant consisting of a new control room, with a state-of-the-art system to monitor the plant’s operations in real time. The area will also be the administration block where the operations management team will be based.
· The civil portion of the membrane bioreactor facility, inlet works and raw sewage pump station is under construction. This is the largest part of the upgrade project and will increase the treatment capacity of the Potsdam WWTW to 100 million litres per day.
· Civil construction of the dewatering plant has been completed and has been handed over to the mechanical and electrical contractor for equipment installation. This includes eight new primary sludge belt presses and eight new secondary sludge belt presses for de-watering of the respective sludges. This facility will greatly assist the plant in maintaining a consistent sludge age (i.e. ‘good bacteria’ levels), ensuring improved treated effluent quality.
The dewatering and ultrafiltration installations are likely to be commissioned around mid-2025. This is anticipated to have a positive impact on existing operations, assisting to realise early improved treated effluent quality at the WWTW.
The City aims to finalise the upgrade in the last quarter of 2027, with operational trials starting in 2026.
‘The extraordinary strides made in the last few months on construction at Potsdam is visibly impressive. To see the planning, coordination and professional skills being applied to make the vision for an improved capacity and quality Potsdam fast becoming a reality is exciting; as it will all ultimately benefit our growing city and the environment for years to come.
‘The City is steadily working towards restoring the environmental health of the Diep River and the Milnerton Lagoon through a combination of efforts. These major infrastructure upgrades within the area at Potsdam WWTW are instrumental and we are looking forward to seeing more progress on site over the coming months,’ said Councillor Badroodien.
Caption 1: Work on the Potsdam WWTW upgrade is progressing well.
Caption 2: The construction of the Potsdam WWTW new inlet works. Zikhona Batatu-Sifuna, technician (third from right); Kabelo Lefipha, Senior Superintendent (second from right) and Councillor Zahid Badroodien, Mayoral Committee Member for Water and Sanitation (far right).
Caption 3: City staff with the Section 79 Water and Sanitation Portfolio Committee and the Section 80 Mayoral Advisory Committee for Inland Water Quality on a site visit at the Potsdam WWTW.
Caption 4 (Dropbox): At the ultrafiltration micro-screen building at the Potsdam WWTW, the micro-screens are in the process of being installed. From left: Samuel Damonse, Potsdam Plant Manager; Alderman Ian Neilson, Chairman of the Water and Sanitation Portfolio Committee; Sameeh Johaadien, Project Manager; Leonardo Manus, Executive Director for the City’s Water and Sanitation Directorate and Councillor Zahid Badroodien, Mayoral Committee Member for Water and Sanitation. | year=2024/part-01369.parquet/19615 | {
"author": "Kwevoel",
"categories": "Community, Editorial, Featured",
"country_tld": "South Africa",
"date": "2024-11-14",
"description": "Die R5,2 miljard opgradering van die Potsdam watersuiweringsaanleg in Milnerton, Kaapstad, verloop volgens skedule met sigbare vordering op die terrein.",
"duplicate_count": 0,
"file_path": "/data/nfs/projects/NeurIPS_CL/output_priority/_work/subset_input/year=2024/part-01369.parquet",
"glotlid_code": "",
"glotlid_score": 0,
"hostname": "kwevoel.co.za",
"language": "af",
"sitename": "Die Kwêvoël",
"tags": "",
"title": "Potsdam Watersuiweringswerke opgradering op skedule - Die Kwêvoël",
"url": "https://www.kwevoel.co.za/2024/11/14/potsdam-watersuiweringswerke-opgradering-op-skedule/",
"warc_filename": "CC-NEWS-20241118063716-07144.warc.gz",
"warc_source": "https://data.commoncrawl.org/crawl-data/CC-NEWS/2024/11/CC-NEWS-20241118063716-07144.warc.gz",
"year_month": "2024-11"
} |
African Hunter: Jagters en varswaterhengelaars se droomwinkel
Noem net die woorde ‘bosveld’ of ‘viswater’ en die bloed bruis woes deur die jagter en visterman se are. En die regte manier om ‘n suksesvolle, genotvolle jag- of visvangtog te begin, is ‘n besoek aan die African Hunter winkel in Boksburg.
African Hunter is ‘n skatkis van ‘n wye verskeidenheid vuurwapens, messe, ammunisie, jag- en- visvangtoerusting, asook buitelugklere en -toerusting en alles wat die jagter en hengelaar se hart begeer. Die eienaars spog ook met ‘n vuurwapenakademie vir diegene wat meer wil leer oor veilige en verantwoordelike wapeneienaarskap en -gebruik.
Ivan en Lianda Smith het African Hunter in 2017 gekoop. Hulle is geesdriftige jagters met ‘n wye kennis van die bosveld, wilde diere en die toerusting wat beskikbaar is om jag lekker en suksesvol te maak.
Lianda is ‘n Springbokskut en lei vroue op om ook uitstekend te kan skiet sodat hulle die ongelooflike ervaring van jag saam kan geniet sonder die vrees wat party van hulle vir vuurwapens het.
Geleentheid om elke draai
Ivan vertel dat die winkel aanvanklik floreer het met net jagtoerusting te koop. ‘n Paar jaar later het Ivan en Lianda die geleentheid aangegryp om die winkel uit te brei met ‘n varswaterhengel-afdeling te begin. Sodoende het African Hunter ‘n eenstopwinkel vir Suid-Afrika se jagters en vistermanne geword.
Uitskietdienste
Soos jagters weet, as ‘n bok gekwes word, sny jy spoor en jy soek onophoudelik of die son nou sak agter die blou berge of nie – die bok moet gevind word! Net so is die poging tot diens in hierdie winkel. Ivan en Lianda is gewillig om klante te help met presies wat hulle nodig het. Ivan vertel dat hulle gereeld toerusting wat nie in die winkel te koop is nie vir klante bestel. Hulle stap die ekstra myl om gelukkige en tevrede klante te behou!
Daarbenewens stel hulle ook vuurwapenlisensiemotiverings op vir jagters of ander vuurwapeneienaars. Met jare se ondervinding in die bedryf, verseker hulle ‘n 99% goedkeuring van vuurwapenlisensies met die hulp van African Hunter se motivering. Die een present is vir die moeilike beampte agter die toonbank by die vuurwapenlisensie-afdeling, vertel Ivan. Dis buite hulle hande.
Oop deure en lekker biltong
African Hunter se deure staan wawyd oop – reg om jou met ope arms te ontvang. Of jy nou toerusting, motiverings of net kennis nodig het, die span verwelkom jou graag en het ook lekker biltong te koop vir die lang of kort pad huis toe!
Besoek die African Hunter winkel by die Key Largo-sentrum in Trichardtstraat, Bardene, in Boksburg om jou jag- en visvangdors te les. | year=2024/part-01374.parquet/12100 | {
"author": "Kylee Mann",
"categories": "Wild",
"country_tld": "South Africa",
"date": "2024-11-19",
"description": "Noem net die woorde ‘bosveld’ of ‘viswater’ en die bloed bruis woes deur die jagter en visterman se are. En die regte manier om ‘n suksesvolle, genotvolle jag- of visvangtog te begin, is ‘n besoek aan die African Hunter winkel in Boksburg. African Hunter is ‘n skatkis van ‘n wye verskeidenheid vuurwapens, messe, ammunisie,",
"duplicate_count": 0,
"file_path": "/data/nfs/projects/NeurIPS_CL/output_priority/_work/subset_input/year=2024/part-01374.parquet",
"glotlid_code": "afr_Latn",
"glotlid_score": 1,
"hostname": "proagri.co.za",
"language": "af",
"sitename": "ProagriMedia",
"tags": "",
"title": "African Hunter: Jagters en varswaterhengelaars se droomwinkel | ProAgri",
"url": "https://proagri.co.za/african-hunter-jagters-en-varswaterhengelaars-se-droomwinkel/",
"warc_filename": "CC-NEWS-20241119113454-07167.warc.gz",
"warc_source": "https://data.commoncrawl.org/crawl-data/CC-NEWS/2024/11/CC-NEWS-20241119113454-07167.warc.gz",
"year_month": "2024-11"
} |
AJ Design & Services se kassie keer spilpunt-boewe
“’n Paar jaar gelede het ek ’n oproep gekry vanaf my oom, Johan Booysen. Hy het my vertel dat die spilpunte waarmee hy werk by Wagpos Hoërskool gesteel word.” En net so sak ’n boer se moed vir die soveelste maal in sy skoene.
Hierdie woorde van Arno de Ridder, eienaar van AJ Designs & Services, is beslis nie nuwe nuus nie. Net soos wat Arno ook beaam, weet ons dat daar deesdae byna niks is wat veilig is teen diefstal nie.
Nadat Arno met sy oom gesels het, het hy besluit: dit is tyd om plan te maak! Hy en Johan het koppe bymekaar gesit en hierdie slim plan vir spilpunt-boere bedink.
“Ek het ’n kassie ontwerp wat om die motor van die spilpunt gaan. Aan die buitekant van die kassie is daar nie enige boute sigbaar nie; alles sit binne-in die kassie. Aan die onderkant is daar ’n gat waarbinne die slot aangebring word. Mens gebruik sommer ’n hangslot. Aan die binnekant is ’n stuk plaat gevoeg, sodat ’n dief nie sommer sal regkom met ’n boutsnyer nie. Die enigste manier om die kassie oop te kry, is met ’n sweismasjien,” verduidelik Arno.
Nadat die prototipe vir die kassie ontwerp is, het hulle dit by Wagpos Hoërskool laat installeer vir die eerste toetslopie. Van daar af was dit een, twee, drie voor boere by Arno kom aanklop het om ook kassies vir hulle spilpunte aan te skaf!
Arno vertel een van die groot voordele van die kassies is minder staantyd vir boere. “As ’n motor gesteel word, staan die spilpunt en die boer kan nie besproei nie.”
Slaap soet met die slim sensor
Die boer se volgende vrees is dat hy by die huis in die bed lê, terwyl ’n boef sy kassie oopsweis. Gelukkig is tegnologie soveel ’n wapen vir die boer as wat dit vir die booswig is!
Arno gebruik ’n sensor wat hy binne-in die kassie installeer. Enige vibrasies, gekap, gepeuter of getimmer aan die kassie aktiveer die sensor, wat dan dadelik ’n waarskuwing na die boer se selfoon stuur. Só weet jy wat aangaan daar waar jy nie oë het nie.
“Die sensor werk met satelliet, so al is jou krag af, beïnvloed dit nie die veiligheidsmeganisme nie. Die sensor kan ook gebruik word om diere te merk! Die sensor word aan die dier se oor vasgemaak. Sodra die dier buite ’n sekere gebied beweeg, kry jy ’n boodskap om jou te laat weet,” vertel Arno verder.
Die kassie kom in enige kleur, van ’n baie helder oranje, groen, geel, blou … wat ook al jy sou verkies!
Boef-bestand binne twee weke!
Indien jy belangstel in een van hierdie kassies, kontak vir Arno by (+27)72-207-0111 of ukwa.ar@gmail.com.
Dit vat ongeveer twee weke om jou spilpunt boefbestand te maak! Indien jy dit so verkies, kan jy ook self die kassie installeer met aanwysings wat Arno aan jou kan verskaf. | year=2024/part-01374.parquet/12166 | {
"author": "Ashleigh Venter",
"categories": "Artikels, Besproeiing",
"country_tld": "South Africa",
"date": "2024-11-19",
"description": "“’n Paar jaar gelede het ek ’n oproep gekry vanaf my oom, Johan Booysen. Hy het my vertel dat die spilpunte waarmee hy werk by Wagpos Hoërskool gesteel word.” En net so sak ’n boer se moed vir die soveelste maal in sy skoene. Hierdie woorde van Arno de Ridder, eienaar van AJ Designs",
"duplicate_count": 0,
"file_path": "/data/nfs/projects/NeurIPS_CL/output_priority/_work/subset_input/year=2024/part-01374.parquet",
"glotlid_code": "",
"glotlid_score": 0,
"hostname": "proagri.co.za",
"language": "af",
"sitename": "ProagriMedia",
"tags": "",
"title": "AJ Design & Services se kassie keer spilpunt-boewe | ProAgri",
"url": "https://proagri.co.za/aj-design-services-se-kassie-keer-spilpunt-boewe/",
"warc_filename": "CC-NEWS-20241119113454-07167.warc.gz",
"warc_source": "https://data.commoncrawl.org/crawl-data/CC-NEWS/2024/11/CC-NEWS-20241119113454-07167.warc.gz",
"year_month": "2024-11"
} |
KYK | Jan Bloukaas: Van skooltreffers tot struikelblokke en sy stryd met breinkanker
Die episode van 'Net mens' oor Jan Bloukaas begin waar hy 'n gebed doen en ander seën.
Jan Bloukaas op ‘Net mens’. Foto: Skermgreep
Jean du Plessis, beter bekend as Jan Bloukaas, het reeds op hoërskool bekendheid verwerf met treffers soos Kaas elke dag en kykNET en chill. Teen 2018 het sy lewe en loopbaan goed op dreef was.
Maar in September 2022, op die ouderdom van 22, het hy sy aanhangers geskok toe hy op Instagram aankondig dat hy met breinkanker gediagnoseer is. Sedertdien het hy uitdagings en struikelblokke in die gesig gestaar. Nietemin was opgee nooit vir hom ‘n opsie nie.
Op 4 Desember om 20:00 kry kykNET-kykers ‘n intieme kykie in Jan Bloukaas se lewe in ’n spesiale aflewering van Net mens. Hierdie program gee bekendes die geleentheid om hulle harte oop te maak en ’n menslike kant van hulself te wys. Die reeks, vervaardig deur StraatkatMedia en aangebied deur Reyhardt Hugo, wys die rou en egte oomblikke van bekendes se lewens.
Kyk hier na die lokprent:
Jan Bloukaas se gebed van vergifnis roer hartsnare
Die episode oor Jan Bloukaas begin met ’n aangrypende oomblik waar hy, nou in ’n rolstoel, ‘n gebed doen. Daarin seën hy ander en vergewe diegene wat hom leed aangedoen het.
Die program sluit ook onderhoude in met vriende en kollegas uit die musiekbedryf. Musiekvervaardiger Deon Dee, wat steeds saam met Jan werk, vertel hoe hulle Jan se album Vreemdeling net voor sy eerste chemoterapie voltooi het.
Sangeres Janie Bay deel die storie agter hulle liedjie Sterre brand en skoolvriende vertel nostalgiese stories oor hul jeug saam met Jan.
Jan se laaste note?
Hunter Kennedy van Die Heuwels Fantasties besoek hom ook, en die gesprek raak diep en draai om geloof. Jan speel vir Hunter van die liedjies op sy nuwe album – moontlik sy laaste.
Jan se ouers, Daan en Ronelle du Plessis, is van die belangrikste mense in sy lewe. Hulle deel hul ervaring vanaf die diagnose tot waar hulle hom nou versorg. Sy broers, Johan en Stephan, deel ook hul gevoelens oor hul jonger broer.
*Net mens: Jan Bloukaas word 4 Desember om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Dit sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees.
LEES NOU: Karlien van Jaarsveld: ‘Ek sou alles weer presies dieselfde doen’
For more news your way | year=2024/part-01374.parquet/62790 | {
"author": "Carien Grobler",
"categories": "Celebs And Viral",
"country_tld": "South Africa",
"date": "2024-11-19",
"description": "Die episode van 'Net mens' oor Jan Bloukaas begin waar hy 'n gebed doen en ander seën.",
"duplicate_count": 0,
"file_path": "/data/nfs/projects/NeurIPS_CL/output_priority/_work/subset_input/year=2024/part-01374.parquet",
"glotlid_code": "",
"glotlid_score": 0,
"hostname": "citizen.co.za",
"language": "af",
"sitename": "The Citizen",
"tags": "",
"title": "KYK | Jan Bloukaas: Van skooltreffers tot struikelblokke en sy stryd met breinkanker | The Citizen",
"url": "https://www.citizen.co.za/entertainment/celebrity-news/kyk-jan-bloukaas-van-skooltreffers-tot-struikelblokke-en-sy-stryd-met-breinkanker/",
"warc_filename": "CC-NEWS-20241119133435-07169.warc.gz",
"warc_source": "https://data.commoncrawl.org/crawl-data/CC-NEWS/2024/11/CC-NEWS-20241119133435-07169.warc.gz",
"year_month": "2024-11"
} |
Wenke vir ’n huislike gastekamer
Om gasheer te speel vir huisgaste kan ’n baie aangename ervaring wees. Omskep jou gastekamer in die huis of weg van die huis af vir jou kuiermense.
Beddegoed
Behalwe vir silwerskoon beddegoed, voeg ’n paar kussings, ’n trooster en ’n kombers by sodat jou gaste gemaklik en warm kan slaap.
Lees ook: Hou jou matras skoon
Lees ook: Stylvolle stoorplekke vir jou huis
Handdoeke
Hou altyd ’n stel handdoeke in die gastekamer, veral as jou gaste vergeet het om te bring.
Lees ook: Hoe om die 5 belangrikste beleggings vir jou huis te maak
Spasie vir tasse
Maak plek vir ’n tafeltjie of ’n bankie waarop ’n tas sal kan pas. Jou gaste sal dankbaar wees dat hulle nie so laag hoef te buk om iets uit die tas te haal nie. ’n Ottoman is ’n goeie item om sakke op te sit en ook vir stoorplek.
Lees ook: Maak self ’n kopstuk
Lees ook: Begin jou eie AirBnB
Skinkbord of vlak bakkie
Dit kan as ’n netjiese bêreplek vir gaste se toiletware of ander klein goedjies dien.
Lees ook: Inspirasie vir die mooiste kinderkamers
Laaiers
Dis moeilik om ’n kamer rustig te laat voel as daar laaiers vir alles van skootrekenaars tot selfone en tablette rondlê. Verwyder sommer ook enige persoonlike items wat op ’n bedkassie uitgestal staan of in die klerekas gebêre is.
Onthou, minder items lyk beter en netjieser. ’n Oulike manier om laaiers vir jou gaste te los sonder dat dit onnetjies lyk, is om dit in ’n mooi boks op die tafel te sit.
Gemaklike sitplek
Party mense voel nie gemaklik om op ’n bed te sit nie en jy wil nie hê jou gaste moet ongemaklik voel nie. Plaas ’n gestoffeerde leunstoel in die kamer met ’n tafel en lamp naby.
Goeie beligting
Dit is altyd goed om ’n lig naby die bed te hê sodat jou gaste nie in die donker hoef te struikel nie. ’n Goeie leesliggie langs ’n stoel is ook goed.
Spasie in die kas
Maak plek vir jou gaste se klere en maak ook ’n laai of twee leeg. Los minstens ses hangers in die kas. ’n Haak agter die deur kan nuttig wees vir ’n handsak, baadjie of ’n kamerjas.
Sorg vir die basiese
’n Wekker langs die bed is ’n uitstekende gerief. Voorsien papier en penne of potlode én ’n haardroër. As jy nie ’n ekstra strykyster en strykplank het nie moet jy vir jou gaste vertel waar dit is.
Lees ook: Raam jou foto’s
Voorsien ’n stel huissleutels
Almal sal meer ontspanne wees en makliker kan kom en gaan. Jy sal nie elke keer huis toe hoef te jaag as iemand wil ingaan nie en hulle sal nie voel asof hulle jou verontrief wanneer hulle laat by die huis kom nie. ’n Lysie van dinge om te sien en te doen sal ook welkom wees en onthou om vir hulle instruksies te los oor hoe jou huis se sekuriteitstelsel werk.
Die artikel Wenke vir ’n huislike gastekamer het eerste in Rooi Rose verskyn. | year=2024/part-01374.parquet/64619 | {
"author": "Print Content",
"categories": "Lifestyle",
"country_tld": "South Africa",
"date": "2024-11-19",
"description": "Om gasheer te speel vir huisgaste kan ’n baie aangename ervaring wees. Omskep jou gastekamer in die huis of weg van die huis af vir jou kuiermense.",
"duplicate_count": 0,
"file_path": "/data/nfs/projects/NeurIPS_CL/output_priority/_work/subset_input/year=2024/part-01374.parquet",
"glotlid_code": "",
"glotlid_score": 0,
"hostname": "citizen.co.za",
"language": "af",
"sitename": "Network News",
"tags": "Lifestyle",
"title": "Wenke vir ’n huislike gastekamer | Network News",
"url": "https://www.citizen.co.za/network-news/lifestyle/2024/11/19/wenke-vir-n-huislike-gastekamer/",
"warc_filename": "CC-NEWS-20241119133435-07169.warc.gz",
"warc_source": "https://data.commoncrawl.org/crawl-data/CC-NEWS/2024/11/CC-NEWS-20241119133435-07169.warc.gz",
"year_month": "2024-11"
} |
Die harde waarheid: Jy betaal meer sonder ‘n waterlisensie!
Kom ons wees eerlik – sommige van die landswette en regulasies is vir ons soos water van ’n eend se rug. Dalk omdat dit te ingewikkeld is, dalk te veel moeite, of dalk omdat ons eenvoudig nie die doel daaragter kan insien nie.
Ons wil nou nie koue water oor jou planne gooi nie, maar om te boer sonder ‘n waterlisensie kan jou baie geld en tyd kos. Dit klink soos baie moeite om een aan te skaf, maar die boetes en verliese wat gely kan word as jy nie een het nie, weeg baie swaarder.
Die kostes wat jy nie weet jy betaal nie
- Geldelike risiko’s: Geld praat, dit weet almal. Een van die grootste kostes van boer sonder ‘n waterlisensie is die boetes wat jy kan kry. Die Nasionale Waterwet sê dat sekere watergebruik ‘n lisensie benodig, en daarsonder kan jy groot boetes kry wat tot in die miljoene kan skiet! Hierdie boetes is nie net ‘n eenmalige uitgawe nie; hulle kan oor tyd ophoop as jy aanhou water gebruik sonder ‘n lisensie.
- Bedryfsrisiko’s: Sonder ‘n waterlisensie kan boere en ondernemings beveel word om op te hou werk, wat jou produktiwiteit kan belemmer. Tydens droogtes kan die gebrek aan ‘n waterlisensie beteken dat jy minder toegang tot water het, wat noodsaaklik is vir jou gewasse, vee en boerdery as ’n geheel om voort te gaan.
- Omgewingsrisiko’s: Die gebrek aan ‘n waterlisensie kan ook die omgewing benadeel. Ongereguleerde watergebruik kan veroorsaak dat waterbronne uitgeput raak, wat die plaaslike ekostelsels benadeel. Dit kan ook lei tot strenger regulasies in die toekoms, wat dit moeiliker maak om water te kry.
- Reputasierisiko’s: Nog ‘n verborge koste is jou reputasie. As jy nie aan waterregulasies voldoen nie, kan dit jou verhouding met klante, verskaffers en die gemeenskap skade aandoen. Dit kan vertroue skend en jou markgeleenthede beïnvloed.
Hou só kop bo water
Irrigation Survey & Design het die oplossing vir hierdie probleme. Hulle kén waterlisensies! Met meer as 20 jaar ondervinding, help hulle boere om die proses om een aan te skaf te verstaan en saam met hulle die pad daarheen te stap. As dit by water kom, dan wen hulle; vanaf die lisensies tot verskillende planne wat gemaak kan word as dit kom by jou besproeiing.
Jou waterbehoeftes is uniek. Geen twee buurplase s’n is dieselfde nie, en Irrigation Survey & Design weet dit. Hulle gebruik tegnologie-van-die-toekoms om besproeiingstelsels te ontwerp wat pas by die grond, klimaat en omstandighede van jou plaas. Of dit nou mikro- en drupbesproeiing of sentrale spilpunte is, Irrigation Survey & Design verseker dat hulle besproeiingstelsels werk, want hulle weet die son trek water en die boer kan nie sukkel met ’n gebreekte stelsel nie.
Bo en behalwe die ontwerp en inwerkingstelling van besproeiingstelsels, bied Irrigation Survey & Design voortdurende ondersteuning om te verseker dat boere aan watergebruiksregulasies voldoen. Dit sluit in om boere te help om watergebruik dop te hou en aanpassings aan hulle stelsels te maak indien dit nodig is. Met hierdie vangnette in plek is daar nie ’n druppel wat vermors word nie!
Irrigation Survey & Design se projekte dek alles van die begin tot die einde, van die eerste konsultasie en ontwerp tot inwerkingstelling en onderhoud.
Kontakbesonderhede
Vir meer inligting, stuur ’n e-pos aan info@irrigationsurveyanddesign.co.za of skakel (+27)74-446-4342. Besoek ook hulle webwerf by www.irrigationsurveyanddesign.co.za of hulle Facebook-blad by https://www.facebook.com/ISD.PTY.Ltd. | year=2024/part-01378.parquet/5629 | {
"author": "Ashleigh Venter",
"categories": "Artikels, Besproeiing",
"country_tld": "South Africa",
"date": "2024-11-19",
"description": "Kom ons wees eerlik – sommige van die landswette en regulasies is vir ons soos water van ’n eend se rug. Dalk omdat dit te ingewikkeld is, dalk te veel moeite, of dalk omdat ons eenvoudig nie die doel daaragter kan insien nie. Ons wil nou nie koue water oor jou planne gooi nie,",
"duplicate_count": 0,
"file_path": "/data/nfs/projects/NeurIPS_CL/output_priority/_work/subset_input/year=2024/part-01378.parquet",
"glotlid_code": "",
"glotlid_score": 0,
"hostname": "proagri.co.za",
"language": "af",
"sitename": "ProagriMedia",
"tags": "",
"title": "Die harde waarheid: Jy betaal meer sonder 'n waterlisensie! | ProAgri",
"url": "https://proagri.co.za/die-harde-waarheid-jy-betaal-meer-sonder-n-waterlisensie/",
"warc_filename": "CC-NEWS-20241120084206-07184.warc.gz",
"warc_source": "https://data.commoncrawl.org/crawl-data/CC-NEWS/2024/11/CC-NEWS-20241120084206-07184.warc.gz",
"year_month": "2024-11"
} |
Beste uitstaller by Vivo Boerebemarkingsdag 2024: ‘Ons het dinge vanjaar ‘n bietjie anders aangepak’
“Ons voel trots om te weet dat die tyd en moeite wat ons daagliks insit om die beste diens te lewer, raakgesien word,” sê Bennie Muller van GasArc na dié uitstalling as die Beste Uitstaller by die Vivo Boerebemarkingsdag 2024 aangewys is.
Die span by GasArc se deelname aan vorige jare se Boerebemarkingsdae het hul beslis geïnspireer om vanjaar weer deel te neem. “Die gesellige atmosfeer en die wete dat ons ‘n verskil in die Vivo-gemeenskap kan maak, was vir ons ‘n groot motivering,” sê Muller.
Ondanks uitdagende weerstoestande, was die mark vanjaar ‘n reusagtige sukses met meer uitstallers en besoekers as ooit tevore.
Innovering was ‘n sleutel tot hul sukses. “Hierdie jaar het ons dinge bietjie anders probeer doen,” verduidelik Muller. “In plaas van oom net ons produkte uit te stal, het ons besoekers aktief by ons uitstalling betrek. Met masjiene wat hulle in aksie gewys het – en selfs ‘n kans vir mense om self te probeer – het hulle ‘n unieke en interaktiewe ervaring geskep. “Ons wou wys hoe maklik dit is; selfs kinders kon dit doen,” voeg Muller by.
Voorbereiding het vroeg begin. Die span het maande voor die Vivo Boerebemarkingsdag begin beplan om seker te maak al hul masjiene en produkte is gereed om op die beste manier uitgestal te word.
“Daar was selfs vrouens wat beïndruk was met hoe maklik die masjiene werk,” lag Muller. “Ons is seker daar word nou aan menigte huwelike gewerk met die hulp van ons masjiene.” | year=2024/part-01400.parquet/84162 | {
"author": "Spesialisskrywer",
"categories": "Nuus",
"country_tld": "South Africa",
"date": "2024-11-25",
"description": "“Ons voel trots om te weet dat die tyd en moeite wat ons daagliks insit om die beste diens te lewer, raakgesien word,” sê Bennie Muller van GasArc na dié uitstalling as die Beste Uitstaller by die Vivo Boerebemarkingsdag 2024 aangewys is. Die span by GasArc se deelname aan vorige jare se Boerebemarkingsdae het",
"duplicate_count": 0,
"file_path": "/data/nfs/projects/NeurIPS_CL/output_priority/_work/subset_input/year=2024/part-01400.parquet",
"glotlid_code": "",
"glotlid_score": 0,
"hostname": "proagri.co.za",
"language": "af",
"sitename": "ProagriMedia",
"tags": "",
"title": "Beste uitstaller by Vivo Boerebemarkingsdag 2024: ‘Ons het dinge vanjaar ‘n bietjie anders aangepak’ | ProAgri",
"url": "https://proagri.co.za/beste-uitstaller-by-vivo-boerebemarkingsdag-2024-ons-het-dinge-vanjaar-n-bietjie-anders-aangepak/",
"warc_filename": "CC-NEWS-20241126002708-07277.warc.gz",
"warc_source": "https://data.commoncrawl.org/crawl-data/CC-NEWS/2024/11/CC-NEWS-20241126002708-07277.warc.gz",
"year_month": "2024-11"
} |
Nasionale Dohne Merino-veiling gee 2025 ‘n goeie afskop
Suid-Afrika se landboukalender sou onvolledig wees sonder die Nasionale Dohne Merino veiling, ‘n kenmerkende geleentheid vir telers en kopers. Beplan vir 1 Februarie 2025 om 11:00 te Be Human, Bloemfontein, dien hierdie hoogs gewilde veiling as ‘n platform om die genetika van een van Suid-Afrika se mees gekoesterde skaaprasse, die Dohne Merino, te vier en uit te ruil.
Die Dohne Merino het ‘n spesiale plek in die Suid-Afrikaanse landbou as ‘n ras met aanpasbaarheid, produktiwiteit en veelsydigheid. Die Dohne Merino is ‘n dubbeldoelras wat sowel hoëgehalte vleis as fyn wol lewer, wat dit ‘n waardevolle aanwins maak vir boere wat die uitdagende landskappe van die land aanpak. Die ras is ‘n toonbeeld van vernuwing en veerkragtigheid, ontwerp om te floreer in Suid-Afrika se wisselende klimate, veral die strawwe suurveldtoestande van die Oos-Kaap.
Die oorsprong van die Dohne Merino word teruggespoor na die laat 1930’s, toe die Suid-Afrikaanse Departement van Landbou ‘n teelprogram begin het om ‘n geharde, maklik-versorgbare skaap te skep met ‘n voortreflike groeitempo en reproduksie onder moeilike toestande.
Onder leiding van mnr Koot Kotze van die Dohne-navorsingsinstituut in Stutterheim, het die program die kruising van Duitse Merinoramme met Peppin-styl Merino-ooie behels. Hierdie noukeurige teelpoging, gerig deur streng wetenskaplike seleksieprosedures, het gelei tot die Dohne Merino — ‘n ras wat sedertdien internasionale aansien vir sy prestasie en aanpasbaarheid verdien het.
Die stigting van die Dohne Merino telersgenootskap van Suid-Afrika in 1966 was ‘n deurslaggewende oomblik vir die ras se ontwikkeling. Met slegs 2 500 ooie destyds het die genootskap ‘n ambisieuse reis van genetiese verbetering en prestasietoetsing aangepak. Die besluit om skoue af te skaf en datagedrewe seleksiepraktyke te prioritiseer het ‘n nuwe standaard in skaapteling gestel, wat die Dohne Merino se reputasie as ‘n ras wat funksie bo vorm waardeer, bevestig.
Vandag word die Dohne Merino wêreldwyd gevier, met verenigings wat in lande soos Australië en Uruguay gevestig is. Die ras se hoë gehalte wol voldoen aan die vereistes van die tekstielbedryf, terwyl sy robuuste karkasopbrengs by vleisprodusente aanklank vind. Die aanpasbaarheid van hierdie ras by verskeie klimate en toestande maak dit ‘n betroubare keuse vir boere in streke met onvoorspelbare weer en beperkte hulpbronne.
Op aanbod by die Nasionale Dohne Merino-veiling:
- 40 ramme
- 50 ooie
Die Nasionale Dohne Merino-veiling is meer as net ‘n mark; dit is ‘n viering van hierdie merkwaardige ras se geskiedenis en toekoms. Boere en telers kom nie net bymekaar om op topgenetika te bie nie, maar ook om kennis, insigte en vernuwing te deel wat steeds die nalatenskap van die Dohne Merino vorm.
Soos 1 Februarie 2025 nader kom, bou afwagting op vir wat beloof om ‘n uitsonderlike vertoonvenster van Suid-Afrika se landbou-erfenis te wees en ‘n kopknik vir die baanbrekersgees wat hierdie buitengewone ras geskep het. Of jy nou ‘n gesoute teler of ‘n nuuskierige waarnemer is, hierdie veiling is ‘n onmisbare geleentheid om die uitnemendheid van die Dohne Merino in aksie te aanskou.
Vir enige navrae, kontak gerus:
Vaughan Collier (deel van die Dohne Merino telersgenootskap) 082-663-3990
Steyn Steenkamp 082-438-8991
Dieter Schutte 079-500-7525
JP Marais 060-551-6537 | year=2024/part-01400.parquet/84237 | {
"author": "Kylee Mann",
"categories": "Veilings",
"country_tld": "South Africa",
"date": "2024-11-25",
"description": "Suid-Afrika se landboukalender sou onvolledig wees sonder die Nasionale Dohne Merino veiling, 'n kenmerkende geleentheid vir telers en kopers. Beplan vir 1 Februarie 2025 om 11:00 te Be Human, Bloemfontein, dien hierdie hoogs gewilde veiling as 'n platform om die genetika van een van Suid-Afrika se mees gekoesterde skaaprasse, die Dohne Merino, te",
"duplicate_count": 0,
"file_path": "/data/nfs/projects/NeurIPS_CL/output_priority/_work/subset_input/year=2024/part-01400.parquet",
"glotlid_code": "",
"glotlid_score": 0,
"hostname": "proagri.co.za",
"language": "af",
"sitename": "ProagriMedia",
"tags": "",
"title": "Nasionale Dohne Merino-veiling gee 2025 ‘n goeie afskop | ProAgri",
"url": "https://proagri.co.za/nasionale-dohne-merino-veiling-gee-2025-n-goeie-afskop/",
"warc_filename": "CC-NEWS-20241126002708-07277.warc.gz",
"warc_source": "https://data.commoncrawl.org/crawl-data/CC-NEWS/2024/11/CC-NEWS-20241126002708-07277.warc.gz",
"year_month": "2024-11"
} |
Nuwe uitbrekings van bek-en-klouseer
Nuwe uitbrekings van bek-en-klouseer (BKS) by uPhongolo in KwaZulu-Natal is waarskynlik veroorsaak deur die onwettige beweging van beeste vanaf besmette diptenks na die gebied.
Dr Mpho Maja, hoof van die direktoraat van dieregesondheid, se owerhede doen tans voor- en na-opsporing om die bron van die nuwe besmetting te probeer vasstel.
Daar word vermoed dat kommunale boere of kleinskaalse boere onwettig beeste vanaf besmette diptenks na die nuwe gebied beweeg het.
Beeste is hierdie boere se belangrikste en dikwels enigste bron van inkomste en mens kan dit te wagte wees dat hulle vee onwettig kan verskuif om munt te slaan uit veeverkope in aanloop tot die feesseisoen.
Bewegingsbeheer soos deur die wet vereis word klaarblyklik laks toegepas, wat keer dat die siekte in die provinsie behoorlik onder beheer kom.
Die nuwe uitbreking kom voor kort nadat die Departement van Landbou aangekondig het dat uitbrekings in Mpumalanga, die Vrystaat, Noordwes en Gauteng opgelos is en dat die vier provinsies nou BKS-vry is.
Daar was ook geen nuwe uitbrekings sedert September in die Oos-Kaap nie. Een uitbreking by Oos-Londen is ten volle opgelos, maar die siektebeheergebied (SBG) by Humansdorp, waar die siekte einde April vanjaar vir die eerste keer in die provinsie uitgebreek het, bly in plek. Tot op daardie stadium was die Oos-Kaap, net soos die Wes-Kaap en Noord-Kaap nog vry van bek-en-klouseer sonder dat dit nodig was om diere met gesplete hoewe in te ent.
Altesaam 37 plase in die gebied is besmet en nog 36 is voorkomend ingeënt om verspreiding te voorkom en kliniese simptome te versag. Altesaam 96 906 beeste en 635 skape is sedert die uitbreking in die Oos-Kaap ingeënt, wat help voorkom het dat die virus verder versprei. Die SBG wat die munisipaliteite van Kouga en Kou-Kamma insluit word ook streng afgedwing deur toegangsbeheer.
Die bestaande groot SBG in KwaZulu-Natal sal uitgebrei word om die nuwe besmette gebied waar die siekte in die munisipale gebied van uPhongolo voorgekom het, asook ander geïdentifiseerde risikogebiede in te sluit. Altesaam 133 aktiewe uitbrekings kom voor in die bestaande SBG, wat kommunale diptenks, ‘n aantal kleinskaalse plase en vyf private wildreservate wat naby mekaar geleë is, insluit.
Daar is blykbaar nog nie ‘n abattoir in die SBG wat gemagtig is om besmette diere te slag nie. Dit noop waarskynlik desperate boere om hul vee buite die SBG te neem om te verkoop. Die uitbrekings sal waarskynlik voortgaan totdat verskerpte beheermaatreëls strenger toegepas word.
Die onus rus intussen op alle vee-eienaars of -bestuurders om hulle wetlike plig na te kom en te verseker dat streng biosekerheidsmaatreëls toegepas word en dat hulle vee slegs met die nodige dokumentasie beweeg word om te voorkom dat hulle eie vee besmet raak of die siekte na ander diere versprei.
ProAgri het vroeër berig dat epidemiologiese ondersoeke in KwaZulu-Natal tot dusver nog nie die bron van die 2021 SAT2-BKS-voorval daar identifiseer nie. Die virus wat vir die uitbreking verantwoordelik was, is egter nou verwant aan die SAT2-virus wat in 2019 verantwoordelik was vir ‘n uitbreking in die noordelike deel van Limpopo.
Dit word aanvaar dat die onwettige beweging van diere uit die beheerde sone van Limpopo na KZN die uitbreking daar veroorsaak het. Dieselfde virus is identifiseer in die uitbreking in Oos-Londen wat 30 April 2024 in die Oos-Kaap begin het.
Bronverwysings
Phillips, L. (2024) Bek-en-klouseer: Nuwe gevalle in KZN vereis uitgebreide beheersone
Steyn, T. (2024) Op die vae spoor van bek-en-klouseer
https://proagri.co.za/op-die-vae-spoor-van-bek-en-klouseer/ | year=2024/part-01400.parquet/84263 | {
"author": "Tisha Steyn",
"categories": "Dieregesondheid, Vee en Wild",
"country_tld": "South Africa",
"date": "2024-11-25",
"description": "Nuwe uitbrekings van bek-en-klouseer (BKS) by uPhongolo in KwaZulu-Natal is waarskynlik veroorsaak deur die onwettige beweging van beeste vanaf besmette diptenks na die gebied. Dr Mpho Maja, hoof van die direktoraat van dieregesondheid, se owerhede doen tans voor- en na-opsporing om die bron van die nuwe besmetting te probeer vasstel. Daar word vermoed dat kommunale",
"duplicate_count": 0,
"file_path": "/data/nfs/projects/NeurIPS_CL/output_priority/_work/subset_input/year=2024/part-01400.parquet",
"glotlid_code": "",
"glotlid_score": 0,
"hostname": "proagri.co.za",
"language": "af",
"sitename": "ProagriMedia",
"tags": "",
"title": "Nuwe uitbrekings van bek-en-klouseer | ProAgri",
"url": "https://proagri.co.za/nuwe-uitbrekings-van-bek-en-klouseer/",
"warc_filename": "CC-NEWS-20241126002708-07277.warc.gz",
"warc_source": "https://data.commoncrawl.org/crawl-data/CC-NEWS/2024/11/CC-NEWS-20241126002708-07277.warc.gz",
"year_month": "2024-11"
} |
Vrystaat Landbou is teen voorgestelde Eskom-tariefverhogings
Vrystaat Landbou (VL), wat 2 500 kommersiële boerdery-entiteite oor 144 plaaslike boereverenigings verteenwoordig, het ten sterkste beswaar gemaak teen Eskom se voorgestelde tariefverhogings by die NERSA openbare verhore wat vandag in Bloemfontein gehou is. VL het beklemtoon dat die landbousektor, wat reeds met stygende koste en ekonomiese druk worstel, nie verdere elektrisiteitsprysstygings kan volhou nie.
Impak op boere en voedselsekerheid Vrystaatse boere, as prysnemers in die waardeketting, is nie in staat om die stygende insetkoste te absorbeer wat deur konsekwente bo-inflasie Eskom-tariefverhogings veroorsaak word nie. Die voorgestelde verhogings sal die ekonomiese druk op intensiewe landboubedrywighede soos besproeiing, suiwel en pluimveeboerdery vererger. Die streek se rol as Suid-Afrika se broodmandjie, vanweë die aansienlike bydrae tot die land se voedselsekerheid deur stapelvoedsel soos mielies (43%), sonneblom (58%) en beesvleisproduksie (19%), word ook bedreig.
Ekonomiese realiteit: bekostigbaarheidskrisis VL het beklemtoon dat huidige Eskom-tariewe reeds onbekostigbaar is. Sedert 2008 het elektrisiteit prysstygings konsekwent inflasie verbygesteek, wat bygedra het tot die finansiële las van boere wat reeds te doen het met stygende arbeidskoste, R/$-gekoppelde insetkoste en gereelde rampverliese sonder voldoende staatsondersteuning.
Volgens dr. Jack Armour, kommersiële bestuurder van VL, “het Eskom se ondoeltreffendheid, tesame met beurtkrag en hoë koste van projekte soos Kusile en Medupi, die ekonomie vernietig. Boere, wat van kritieke belang is om voedselsekerheid te verseker, betaal nou die prys. Ons eis aanspreeklikheid, ‘n gerasionaliseerde prysstrategie en dringende hervorming by Eskom.”
Oproep tot aksie Vrystaat Landbou doen ‘n ernstige beroep op NERSA om die verwoestende gevolge van die goedkeuring van hierdie tariefverhogings te oorweeg. Eskom moet doeltreffendheid prioritiseer, sy ondoeltreffendheid aanspreek en hervormings implementeer wat nie betalende klante soos boere straf nie. Die herstrukturering van Eskom se bedryfskoste en die verbetering van aanspreeklikheid is van kritieke belang om verdere ekonomiese skade te vermy.
VL bly daartoe verbind om vir bekostigbare, betroubare en volhoubare elektrisiteitsoplossings vir die landbousektor te bepleit en Suid-Afrika se voedselsekerheid te beskerm.
Bron: Vrystaat Landbou | year=2024/part-01400.parquet/84386 | {
"author": "Spesialisskrywer",
"categories": "Nuus",
"country_tld": "South Africa",
"date": "2024-11-25",
"description": "Vrystaat Landbou (VL), wat 2 500 kommersiële boerdery-entiteite oor 144 plaaslike boereverenigings verteenwoordig, het ten sterkste beswaar gemaak teen Eskom se voorgestelde tariefverhogings by die NERSA openbare verhore wat vandag in Bloemfontein gehou is. VL het beklemtoon dat die landbousektor, wat reeds met stygende koste en ekonomiese druk worstel, nie verdere elektrisiteitsprysstygings kan volhou nie. Impak",
"duplicate_count": 0,
"file_path": "/data/nfs/projects/NeurIPS_CL/output_priority/_work/subset_input/year=2024/part-01400.parquet",
"glotlid_code": "",
"glotlid_score": 0,
"hostname": "proagri.co.za",
"language": "af",
"sitename": "ProagriMedia",
"tags": "",
"title": "Vrystaat Landbou is teen voorgestelde Eskom-tariefverhogings | ProAgri",
"url": "https://proagri.co.za/vrystaat-landbou-is-teen-voorgestelde-eskom-tariefverhogings/",
"warc_filename": "CC-NEWS-20241126002708-07277.warc.gz",
"warc_source": "https://data.commoncrawl.org/crawl-data/CC-NEWS/2024/11/CC-NEWS-20241126002708-07277.warc.gz",
"year_month": "2024-11"
} |
‘n Nuwe era vir die landbousektor in 2025
John Hudson, Hoof van Landbou by Nedbank Kommersiële Banksake, en Wandile Sihlobo, Hoofekonoom by Agricultural Business Chamber of South Africa (Agbiz).
2024 was ‘n jaar van gemengde welvaart vir die landbousektor. Die midsomer-El Niño het droogte veroorsaak wat somergewasse negatief beïnvloed het, terwyl gebeure soos voortslepende dieresiektes, die skynbaar eindelose logistieke krisis, hoë rentekoerse en onsekerheid oor die nasionale regering, swaar op die sektor geweeg het. Die gevolglike moedeloosheid kon waargeneem word in die Agbiz/IDC Agribesigheidsvertroue-indeks (ABI) vir die tweede kwartaal van 2024, wat tot die laagste vlak in 15 jaar gedaal het.
Hierdie uitdagings – asook ‘n verwagte verdere inkrimping in die sektor (wat ook in die vorige jaar ‘n inkrimping ervaar het) – het volgens data van die Banking Association of SA (BASA) vir Junie 2023 tot Junie 2024 tot ‘n gedempte bankprestasie gelei. ‘n Tydperk van konsolidasie was voor die hand liggend, met blootstelling aan die sektor wat sywaarts beweeg het. Die vraag na krediet het afgeneem, maar deposito’s het ‘n absolute hoogtepunt bereik, wat daarop dui dat boere versigtig was en hul kapitaalbesteding oor hierdie tydperk vertraag het.
Landbou weer op koers
Sentiment het egter meer onlangs begin verbeter. Die ACI vir die derde kwartaal van 2024 – wat uitgereik is na afloop van die vreedsame nasionale verkiesing wat ‘n regering van nasionale eenheid (RNE) tot gevolg gehad het – het met 10 punte tot 48 gestyg. Alhoewel dit onder die neutrale 50-punt-kerf is, dui dit op ‘n groeiende gevoel van optimisme, selfs terwyl baie van die uitdagings wat vroeër in die jaar ervaar is, onveranderd gebly het. Die RNE het nuwe energie na die sektor gebring en belangriker – daar is ‘n verbintenis tot die implementering van die Landbou- en Landbouverwerkingsmeesterplan (LLMP).
Die weervooruitsigte vir 2025 is positief, met ‘n La Niña-stelsel wat voorspel word, en – terwyl trekkerverkope afgeneem het ná rekordverkope oor die afgelope 2 jaar – is saadverkope bemoedigend, wat dui op vertroue in toekomsvooruitsigte.
Dis belangrik dat die regering aanhou om die diversifisering van uitvoermarkte vir Suid-Afrikaanse landbouproduksie te prioritiseer. Die Suid-Afrikaanse landbousektor steun swaar op uitvoere, aangesien die helfte (in waarde) van alles wat op plase geproduseer word, uitgevoer word. Ons grootste uitvoermarkte is Afrika (40%), die Midde-Ooste en Asië (23%), die EU (19%) en die VK (7%). Terwyl ons uitvoermarkte reeds uiteenlopend is, sal landbouproduksie waarskynlik in die nabye toekoms uitgebrei word, hoofsaaklik weens voorheen onderbenutte grond. Daarom is dit noodsaaklik dat die uitgebreide BRICS-lidlande toenemend as landbou-uitvoermarkte beskou word – veral Sjina, Indië, Saudi-Arabië en Egipte.
Suid-Afrikaanse uitvoer moet tradisionele markte laat groei en nuwe uitvoermarkte inskakel
Tans is die dryfkrag agter uitvoere veral dringender te midde van toenemende geopolitieke spanning. Kyk byvoorbeeld na die onsekerheid oor die standpunt van die nuwe Amerikaanse administrasie, oor Amerikaanse invoertariewe, die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (AGOA) – en veranderings aan omgewingsregulasies, veral in die EU en die VK. Gelukkig is daar onlangs ‘n memorandum van verstandhouding met Sjina onderteken, wat ‘n beduidende stap in die regte rigting is om landbouhandelsbetrekkinge te versterk. Gesprekke word ook in sleutelstreke (insluitend die VSA, Indië en Afrika) gevoer, met die oog daarop om Suid-Afrika se landbou-uitvoergeleenthede te verbeter.
Daar is, ten spyte van die konstante toename in uitvoervolumes (wat vanjaar kan afneem as gevolg van verminderde produksie wat deur die somerdroogte veroorsaak word) 2 faktore wat ‘n uitdaging vir Suid-Afrikaanse goedere bied: logistiek en ‘n toenemende fokus op volhoubaarheid. Ten spyte van ons wêreldklasproduksie, bly logistiek ons achilleshiel. Dit maak ons produkte minder mededingend in ‘n tyd wat ‘n toenemende globale fokus op volhoubaarheid die potensiaal het om ons te kniehalter. Byvoorbeeld, die EU se koolstofgrensaanpassingsmeganisme (wat waarskynlik teen 2030 vir landbouprodukte in werking sal tree) kan daartoe lei dat ’n koolstofbelasting op produkte uit Suid-Afrika gehef word. Dit sal ‘n rampspoedige uitwerking op byvoorbeeld die sitrusbedryf hê, wat die meerderheid van sy inkomste aan uitvoere na hoofsaaklik die EU en VK te danke het.
Nie een van hierdie uitdagings kan oornag aangespreek word nie, so produsente moet beplan en voorberei terwyl die regering nuwe uitvoermarkte soek. Dit is egter belangrik dat produsente nie volhoubaarheid as ‘n bysaak beskou nie. Hulle moet dit eerder sien as ’n mededingende voordeel en ’n manier om klimaatrisiko (en sakerisiko, gegewe die klem op volhoubaarheid in baie uitvoermarkte) te versag. Die installering van hernubare energie lei byvoorbeeld nie net tot ‘n betroubare voorsiening van energie nie, maar stel ook die koste vas, wat die risiko aanspreek terwyl ‘n belangrike insetkoste vasgestel of selfs verminder word.
‘n Nuwe plan vir grondhervorming
’n Verdere opwindende ontwikkeling in die landbousektor is die regverdige verdeling van grond aan voorheen benadeelde gemeenskappe. Dit het ’n geruime tyd geneem vir die legkaartstukke om in plek te val, maar ons het nou die punt bereik waar die gemengde finansieringskema in werking gestel kan word en sleutelvennootskappe – soos Nedbank se samewerking met PALS – vrugte afwerp.
Maar nog belangriker is dat daar nou – ná onduidelikhede (wat veroorsaak is deur die debat rondom grondonteiening sonder vergoeding) wat beleggingspersepsies in die sektor negatief beïnvloed het – druk van die regering is om eiendomsreg te versterk, wat dus maak dat die kwessie van titelaktes nie meer ‘n bedreiging is nie. Voortaan sal die fokus eerder wees op waar grond vandaan sal kom – en om die regte begunstigdes vir die grond te kies.
Die regering besit ongeveer 2,4 miljoen hektaar wat aan toepaslike geselekteerde begunstigdes beskikbaar gestel gaan word vir kommersiële produksie. Dit sal ‘n groot stap wees om die tweeledigheid uit te skakel wat Suid-Afrikaanse landbou histories belas het. Dis ook belangrik dat die kommersiële produksie van hierdie talle hektare grond produksie en broodnodige werkskepping in Suid-Afrika se landelike gebiede ’n hupstoot moet gee.
In die algemeen, terwyl verwagtings vir 2025 gunstig is, bly landbou ‘n sikliese spel wat vir talle eksterne kragte kwesbaar is. Met beperkte staatsondersteuning het Suid-Afrikaanse produsente – en die hele landbouwaardeketting – belanghebbendes soos banke nodig om betrokke te raak. Nedbank sal ons in die komende jaar daarop toespits om ons verhoudings met ons kliënte te versterk en die risikodrywers van hul agribesighede beter te verstaan, sodat ons hulle kan help om die afswaaie te navigeer, hulle deur die siklus kan ondersteun en saam met hulle werk om hul besighede te help groei. Die landbousektor bly vir die Suid-Afrikaanse ekonomie uiters waardevol. Dit help om werkskepping en voedselsekerheid te bevorder. Daarom is belegging in die sektor noodsaaklik. | year=2024/part-01405.parquet/2168 | {
"author": "Spesialisskrywer",
"categories": "Nuus",
"country_tld": "South Africa",
"date": "2024-11-26",
"description": "John Hudson, Hoof van Landbou by Nedbank Kommersiële Banksake, en Wandile Sihlobo, Hoofekonoom by Agricultural Business Chamber of South Africa (Agbiz). 2024 was 'n jaar van gemengde welvaart vir die landbousektor. Die midsomer-El Niño het droogte veroorsaak wat somergewasse negatief beïnvloed het, terwyl gebeure soos voortslepende dieresiektes, die skynbaar eindelose logistieke krisis, hoë rentekoerse",
"duplicate_count": 0,
"file_path": "/data/nfs/projects/NeurIPS_CL/output_priority/_work/subset_input/year=2024/part-01405.parquet",
"glotlid_code": "",
"glotlid_score": 0,
"hostname": "proagri.co.za",
"language": "af",
"sitename": "ProagriMedia",
"tags": "",
"title": "'n Nuwe era vir die landbousektor in 2025 | ProAgri",
"url": "https://proagri.co.za/n-nuwe-era-vir-die-landbousektor-in-2025/",
"warc_filename": "CC-NEWS-20241127022620-07294.warc.gz",
"warc_source": "https://data.commoncrawl.org/crawl-data/CC-NEWS/2024/11/CC-NEWS-20241127022620-07294.warc.gz",
"year_month": "2024-11"
} |
VIDEO: Springbokslot Bakkies Botha boer saam Agrico!
Vir Bakkies is boerdery nie net ‘n beroep nie. Dit is ‘n leefwyse; ‘n roeping wat hom verbind aan ons Skepper en die grond van ons pragtige land. Sy hart klop vir die ryk, vrugbare landerye en die landbougemeenskap van Suid-Afrika.
Ná ‘n legendariese rugbyloopbaan het Bakkies ‘n nuwe uitdaging aangepak: die wêreld van boerdery.
Op Andre Kock & Seun se plaas buite Warmbad besproei tien Agrico G3-spilpunte die voer. Bakkies meen dat jy weet waarvoor jy jouself inlaat en saam met wie jy werk as dit by spilpunte kom. Vir Bakkies, is dit Agrico spilpunte! | year=2024/part-01406.parquet/43579 | {
"author": "Specialist Writer",
"categories": "Video's",
"country_tld": "South Africa",
"date": "2024-11-27",
"description": "Vir Bakkies is boerdery nie net ‘n beroep nie. Dit is ‘n leefwyse; ‘n roeping wat hom verbind aan ons Skepper en die grond van ons pragtige land. Sy hart klop vir die ryk, vrugbare landerye en die landbougemeenskap van Suid-Afrika. Ná ‘n legendariese rugbyloopbaan het Bakkies ‘n nuwe uitdaging aangepak: die wêreld van",
"duplicate_count": 0,
"file_path": "/data/nfs/projects/NeurIPS_CL/output_priority/_work/subset_input/year=2024/part-01406.parquet",
"glotlid_code": "",
"glotlid_score": 0,
"hostname": "proagri.co.za",
"language": "af",
"sitename": "ProagriMedia",
"tags": "",
"title": "VIDEO: Springbokslot Bakkies Botha boer saam Agrico! | ProAgri",
"url": "https://proagri.co.za/video-springbokslot-bakkies-botha-boer-saam-agrico/",
"warc_filename": "CC-NEWS-20241127114326-07299.warc.gz",
"warc_source": "https://data.commoncrawl.org/crawl-data/CC-NEWS/2024/11/CC-NEWS-20241127114326-07299.warc.gz",
"year_month": "2024-11"
} |
2024: ‘n Vol jaar vir die landboubedryf
’n Terugblik op die afgelope jaar wys duidelik dat die Suid-Afrikaanse landbousektor steeds sy veerkragtigheid en vernuwing behou, ongeag die uitdagings wat dit in die gesig staar. 2024 het bewys dat die bedryf nie net oorleef nie, maar floreer in ’n steeds veranderende omgewing.
In sommige opsigte was dit ՚n gewone jaar met gewone dinge in die landboubedryf soos skoue, veilings, tegnologie en vooruitstrewende boere. Beurtkrag is in die tweede deel van die jaar gestaak, wat ՚n ligpunt vir boere was. Die weerpatrone was vreemder as ander jare met die laat koue tot in Oktober regoor Suid-Afrika. Hier is van die belangrikste hoogtepunte wat ons hierdie jaar gesien het.
Skoue en boeredae
Suid-Afrika het beslis van die grootste skoue en boeredae regoor die wêreld met die jongste, mees tegnologies gevorderde werktuie.
Rekordbywoning vir die 56ste NAMPO Oesdag – Bothaville
NAMPO is steeds een van die grootste landbouskoue en was vanjaar nog gro-ter met ՚n nuwe rekordgetal besoekers van 86 474. ՚n Nuwe rekordbywoning op een dag is vanjaar op Woensdag, 15 Mei, aangeteken met 25 505 besoekers en altesaam 865 uitstallers. 298 vastevlerkvliegtuie en 75 helikopters het deur die loop van die week by NAMPO geland. Dit was ook een van die warmste NAMPO Oesdae nog.
15de Sakeliga Kragdag
Van 8 tot 10 Augustus het Sakeliga KragDag Sentraal 2024 plaasgevind op Diamantvallei Landgoed, net 20 km oos van Pretoria. Hierdie jaarlikse ekspo, wat bekend is vir sy klem op alternatiewe energie en selfstandigheid, het weer besoekers van heinde en ver gelok, met ’n tema wat die kern van self- en gemeenskapsversorging uitbeeld: “Daar is ’n alternatief – neem self verantwoordelikheid en stel die voorbeeld.” Die ekspo het gewys hoe selfstandigheid en indiwiduele verantwoordelikheid die sleutels tot ՚n beter toekoms is.
90ste Swartlandskou op Moorreesburg
Die tweede-grootste landbouskou in Suid-Afrika het vanjaar in die hartjie van die Swartland sy 90ste bestaansjaar met meer as 20 000 besoekers gevier. Altesaam 386 beeste van sewe rasse het meegeding in die grootste vleisbeesskou in die Wes- en Suid-Kaap, en die perde-afdeling het 380 perde van drie rasse gelok.
NAMPO Kaap – Bredasdorp
NAMPO Kaap het vanjaar hulle vyfde bestaansjaar gevier met die tema: Landbou, die ruggraat van ekonomiese groei. Met 45 894 besoekers oor vier dae, het hierdie jaar se ekspo ՚n vertoonvenster van landbouvernuwing geword, wat deelnemers en besoekers die geleentheid gegee het om die nuutste tegnologie te verken, uitdagings in die bedryf aan te pak en saam te besin oor die toekoms van landbou.
Voortgesette tegnologiese ontwikkeling
Die gebruik van presisielandbou en tegnologiese integrasie het in 2024 ՚n noemenswaardige toename getoon. Meer boere het oorgeskakel na slim toerusting en sensor-tegnologieë wat help met alles van waterbestuur tot grondontleding. Hierdie tegnologie het boere in staat gestel om hoër opbrengste te behaal met minder hulpbronne en het die sektor in ՚n nuwe era van volhoubare praktyke ingelei.
Skoonenergielaboratorium vir AGCO Power
AGCO Power het sy skoonenergielaboratorium geopen. Die laboratorium is deel van ՚n belegging van 70-miljoen euro in die Linnavuori-aanleg in Nokia, Finland. Die laboratorium sal die ontwikkeling en toetsing van skeppende, volhoubare battery- en aandrywingsoplossings vir plaasmasjinerie ondersteun. Die Linnavuori-span wetenskaplikes en ingenieurs ontwikkel volgende geslag enjins wat aangedryf word deur lae- of nulkoolstofelektrisiteit en alternatiewe brandstowwe, soos waterstof en metanol, wat sal help om globale landbouvrystellings te verminder.
CNH brei netwerkverbinding uit met behulp van satelliete
CNH en Intelsat, operateur van een van die wêreld se gevestigde geïntegreerde satelliet- en aardkommunikasienetwerke, sluit ՚n samewerkings-ooreenkoms wat boere onbeperkte toegang tot die internet sal bied via ՚n satellietkommunikasiediens (SATCOM). Dit volg kort nadat John Deere sy samewerking met Starlink aangekondig het. Dit lyk asof boere nog ՚n keuse sal hê om in ag te neem wanneer hulle toerusting kies. Gegrond op ՚n memorandum van verstandhouding, sal Intelsat multibaan-internettoegang bied om CNH-toerusting wat op afgeleë plekke werk te bestuur. Intelsat se terminale is gehard en dien reeds kritieke nywerheidstoepassings, insluitend vir die weermag en lugdienste.
Klimaatbewuste boerderypraktyke
Met klimaatsverandering wat ՚n tasbare werklikheid geword het, het boere in Suid-Afrika aangepas deur meer veerkragtige boerderymetodes in werking te stel. Die jaar het ՚n groter klem gesien op herlewingslandbou en die aanplant van droogtebestande gewasse. Hierdie praktyke het nie net volhoubaarheid bevorder nie, maar ook ekonomiese sekerheid vir die toekoms.
Nuwe metaangastrekker van New Holland
Die New Holland T6.180-metaangastrekker is die wêreld se eerste 100% metaanaangedrewe produksietrekker, en is die sleutel tot die voltooiing van die deugsame siklus van die Energy Independent Farm-stelsel. Boere verbou gewasse en gebruik afvalprodukte om biometaan op te wek, wat die trekker aandryf, wat op sy beurt help om daardie einste gewasse te verbou. Hierdie trekker is by NAMPO Kaap bekendgestel.
Mielie-oes daal met 22,56%
Somergewasse: Die grootte van die verwagte kommersiële mielie-oes is op 12,724-miljoen ton gestel, wat 0,60% of 77 150 ton minder is as die vorige skatting. Die geskatte mielie-oes is 22,56% of 3,706-miljoen ton minder as die 2023-oes. Die drie belangrikste mielieproduserende gebiede, naamlik die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes, gaan na verwagting 79% van die 2024-oes produseer.
Die produksieskatting van witmielies is 6,007-miljoen ton, wat 1,27% of 77 150 ton minder is as die vorige skatting van 6,084-miljoen ton. Die oppervlakteskatting vir witmielies is 1,555-miljoen ha en die verwagte opbrengs is 3,86 t/ha.
Die hoofrede vir die afname in die produksieskatting vir witmielies is as gevolg van minder produsentelewerings (soos gerapporteer deur SAGIS), teenoor wat die komitee in September 2024 aangedui het. Wintergewasse: Die verwagte produksie vir koring is 1,965-miljoen ton, wat 1,34% of 26 000 ton meer is as die vorige skatting van 1,939-miljoen ton, terwyl die verwagte opbrengs 3,89 t/ha is.
Stroperverkope daal met 59%
Volgens die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerie-assosiasie is trekkerverkope tot Oktobermaand vir 2024 nou ongeveer 23% laer as verkope verlede jaar en stroperverkope is nou ongeveer 59% laer as verlede jaar. Trekkerverkope van ongeveer 6 500 eenhede kan verwag word vir die jaar, met stroperverkope van ongeveer 250 eenhede vir die 2024-kalenderjaar. Oor die algemeen is sentiment in die mark versigtig optimisties. Boere met somergewasse wag op die oomblik vir aanplantreën.
Boere is vereer
TLU SA Boer van die Jaar
Wian Süllwald, ՚n 31-jarige boer van Bela-Bela in die Waterberg-distrik, is op 4 September tydens die TLU SA Kongres 2024 met groot trots aangewys as die TLU SA Jongboer van die Jaar 2024. Hierdie prestasie is besonder merkwaardig, aangesien Wian die eerste varkboer is wat TLU SA se Jongboerkompetisie wen.
Landbouskrywers SA Boer van die Jaar
Die Landbouskrywers SA het hulle toekenningsaand gehou. Hierdie geleentheid gee erkenning aan boere en landboukundiges wat ՚n groot rol speel in voedselsekuriteit in die land.
Lindi Botha, voorsitter van die Landbouskrywers SA, het ook die belangrikheid van die landboubedryf uitgelig.
Hier is die wenners:
Boer van die Jaar: André Brink
André Brink, die Landbouskrywers se Boer van die Jaar, en sy seuns, Rennie en Jeandré, boer by Groot Phesantekraal Boerdery naby Durbanville.
Die boerdery bestaan uit ses boer-derytakke: kleingraan, vee (wat ՚n Dohne Merino-skaapboerdery asook Hereford-beeste insluit), wyndruiwe, ՚n voerfabriek, gasvryheidafdeling en ՚n nie-landboutak (boudepartement) wat help om die plaas se risiko te versprei.
Die hele Brink-familie is betrokke in die dag-tot-dag operasies. André is verantwoordelik vir die algehele bestuur van die boerdery en identifiseer nuwe geleenthede vir uitbreidings en waardetoevoeging. Rennie bestuur die kleingraan- en wynafdelings, terwyl Jeandré op die vee-afdeling en die voerfabriek fokus. André se vrou, Ronelle, hanteer die bemarking, administrasie en uitvoer van die wyn. Hulle probeer om op die voorpunt van nuwe tegnologie en boerderymetodes te bly, mits dit funksioneel is, waarde toevoeg, asook kostedoeltreffend gebruik word om grondgebruik optimaal te bestuur en natuurlike hulpbronne in stand te hou.
Nuwe toevoeging tot kommersiële landbou vir die jaar: Thulani Magida
Landboukundige van die Jaar: Prof Driekie Fourie
Die provinsiale kandidate was:
•Gauteng Boer van die Jaar: Michael Fysh
•Wes-Kaap Boer van die Jaar en wenner: André Brink
•Noordwes Boer van die Jaar: Jozeph du Plessis
•KwaZulu-Natal Boer van die Jaar: Egon Zunckel
•Gauteng Nuwe toevoeging tot kommersiële landbou: Betty Nyambi
•Wes-Kaap se Nuwe toevoeging tot kommersiële landbou: Sheena Paulus
•Oos-Kaap Nuwe toevoeging tot kommersiële landbou en wenner: Thulani Magida
•Gauteng Landboukundige van die Jaar en wenner: Driekie Fourie
•Vrystaat Landboukundige van die Jaar: Stephan De Groot
•Wes-Kaap se Landboukundige van die Jaar: Dr Erna Blancquaert
Dr Erna Blancquaert was in ons vrouemaand-uitgawe en is onlangs aangewys as een van vier vlagdraers vir die Suid-Afrikaanse wynbedryf. Die vier uitnemende indiwidue in die wynbedryf is in Februarie tydens die jaarlikse wyn-oesherdenkingsgeleentheid op Groot Constantia in Kaapstad, die eerste wynplaas in die land, vereer as rigtingwysers vir toekomstige geslagte.
Erna is in die Paarl gebore en het daar grootgeword. Sy was in William Lloyd Primêr en het aan Klein Nederburg Sekondêr gematrikuleer. Sy en Maarten is twaalf jaar getroud en hulle het ՚n agtjarige seun, Josh. Sy woon in Stellenbosch en is voltydse dosent en navorser in Wingerdkunde aan die Universiteit van Stellenbosch, sowel as nagraadse toesighouer vir Meesters- en PhD-studente in wingerd en wynkunde, asook volhoubare landbou en biotegnologie
AgriSA vier 120 jaar
AgriSA herdenk 120 jaar van leierskap in die Suid-Afrikaanse landbousektor. Terselfdertyd vier Suid-Afrika 30 jaar van demokrasie en die ontwikkeling en groei wat oor die afgelope drie dekades behaal is. Sedert die aanbreek van Suid-Afrikaanse demokrasie en die deregulering van die landbousektor, het die sektor geweldige groei beleef. “Oor die afgelope 20 jaar was die landbousektor se gemiddelde groeikoerse ver bo die res van die ekonomie.”
Ten spyte van die wisselvalligheid inherent aan landboumarkte en politieke onsekerheid, het Suid-Afrika die afgelope jaar rekordbeleggings in verkope in landboutoerusting en vernuwing gesien. Dit word geïllustreer deur die gemiddelde toename in mielie- en sojaboon-opbrengste, wat die afgelope dekade met 30% gestyg het.
AgriSA is gereed om ՚n leidende rol te speel om ՚n welvarende landbousektor in Suid-Afrika te verseker.
Veilingshoogtepunte
Huwitz Farming breek rekord
Hierdie was ՚n besonderse jaar vir Huwitz Farming. In Oktober het hulle die nasionale rekord gebreek vir die duurste Boran-koei en- kalf wat nog verkoop is. BH 18-545 Jasmine en BH24-273 Jozini het vir R2,5-miljoen verkoop.
Dit was egter nie hulle grootste prestasie vir die jaar nie. In Augustus het hulle die Boran-bul, Cyclone, vir ՚n allemintige R8-miljoen verkoop. Dit was duurste bul van al die rasse.
Miljoene vir boerbokke
՚n Stoet-boerbokram, genaamd Formula One, is in April vir R1,05-miljoen verkoop. Die ram is deur die Lukas Burger-Boerbokstoet van Griekwastad aan William Smit van VEA-stoettelers op Bonnievale verkoop. Al het Formula One die hoogste prys nog vir ՚n boerbokram behaal, het die Lukas Burger-Boerbokstoet vroeër vanjaar een van hulle ander ramme, genaamd Poker, aan die Passano Boerbokstoetery verkoop vir R1-miljoen.
Internasionale uitbreiding en nuwe markte
AGT Foods Africa koop Pannar se droëboonsaad
In Februarie is aangekondig dat AGT Foods Pannar so droëboonsaadmaatskappy gekoop het. Die koop het reeds in November 2023 begin wortels skiet. Hoewel die maatskappy nie op soek was na produkte om hulle reeks uit te brei nie, het Brian Lever, besturende direkteur van AGT Food Africa, vertel dat hulle in Maart 2023 deur Pannar genader is en daarna besluit het om ՚n aanbod te maak. Die aankoop van die droëbonesaadpakket pas perfek in by AGT Foods Africa se sakemodel. Hulle geriewe is groot genoeg om die bone by hulle struktuur- en produksietydlyn in te skakel.
AGT Foods Africa koop, produseer, verpak en voorsien peulgewasse, stapelvoedsel en voedselbestanddele. In Suid-Afrika verskaf AGT Foods Africa graan, rys en pasta, peulgewasse en gespesialiseerde gewasse wat lensies, ertjies, kekerertjies en kanariesaad insluit, asook voedselbestanddele soos peulvrugmeel, proteïne, stysels en vesels wat aan groothandelaars en kleinhandelswinkels asook AGT Foods.
Africa se aanlynwinkel voorsien word. Vanjaar het hulle bone en droëbone ook by die lys voeg. Die Suid-Afrikaanse Mededingingskommissie het aan die einde van November 2023 die groen lig gegee vir die koop om deur te gaan, maar dit het met voorwaardes gekom: AGT Foods Africa moet ՚n sekere hoeveelheid bonesaad aan die departement van Landbou voorsien teen ՚n verlaagde prys. Hulle sal ook vir ՚n tydperk van drie jaar bystand, soos landboudienste, aan ՚n sekere aantal bestaansboere moet lewer. AGT Foods Africa het sommer dadelik ingespring en in die 2024-plantseisoen reeds begin aanplant vir saadproduksie. Boere kan nou verseker wees dat hulle gehalte droëboonsaad ook kan aankoop by AGT Foods Africa.
Vooruitsigte vir die toekoms
2024 was vol uitdagings, maar ook gevul met oorwinnings wat wys dat Suid-Afrikaanse boere aanpasbaar en vasberade is. Soos ons na die toekoms kyk, is daar hoop dat hierdie positiewe neigings voortduur en die grondslag lê vir ‘n sterker, meer volhoubare landbousektor. Hierdie jaar het ongetwyfeld gewys dat die landbougemeenskap nie net opstaan in die gesig van probleme nie, maar nuwe paaie skep na ‘n belowende toekoms.
Namens ProAgri se redaksionele span ons opregte dank aan al ons lesers, ons klante en aan elke boer wat hierdie reis in die landboubedryf opwindend hou! | year=2024/part-01408.parquet/36651 | {
"author": "ProAgri-redaksie",
"categories": "Artikels, Hulpbronbestuur, Nuus",
"country_tld": "South Africa",
"date": "2024-11-27",
"description": "’n Terugblik op die afgelope jaar wys duidelik dat die Suid-Afrikaanse landbousektor steeds sy veerkragtigheid en vernuwing behou, ongeag die uitdagings wat dit in die gesig staar. 2024 het bewys dat die bedryf nie net oorleef nie, maar floreer in ’n steeds veranderende omgewing. In sommige opsigte was dit ՚n gewone jaar met gewone dinge in",
"duplicate_count": 0,
"file_path": "/data/nfs/projects/NeurIPS_CL/output_priority/_work/subset_input/year=2024/part-01408.parquet",
"glotlid_code": "",
"glotlid_score": 0,
"hostname": "proagri.co.za",
"language": "af",
"sitename": "ProagriMedia",
"tags": "",
"title": "2024: 'n Vol jaar vir die landboubedryf | ProAgri",
"url": "https://proagri.co.za/2024-n-vol-jaar-vir-die-landboubedryf/",
"warc_filename": "CC-NEWS-20241127223936-07307.warc.gz",
"warc_source": "https://data.commoncrawl.org/crawl-data/CC-NEWS/2024/11/CC-NEWS-20241127223936-07307.warc.gz",
"year_month": "2024-11"
} |
Bioinsectaries SA het die oplossing: Hou jou varke vry van vlieë
Bioinsectaries South Africa (BISA) wat in 2005 gestig is, is ‘n baken van vernuwing en volhoubaarheid in die landbousektor. Met die moderne insekplaas naby Jeffreysbaai, verander BISA die manier waarop vee-ondernemings plae bestuur, verminder die afhanklikheid van chemiese plaagdoders en bevorder biologiese vliegbeheeroplossings.
Onder die leiding en kundigheid van entomoloog Willem du Toit en sy vrou Tertia du Toit, spesialiseer BISA in die teel van ‘n soort perdebytjie wat op vliegpapies parasiteer sodat hulle nooit tot vlieë ontwikkel nie. Hierdie natuurlike oplossings word oor Suid-Afrika versprei en help boere om vlieë doeltreffend en volhoubaar te bestuur. Willem en Tertia se uitgebreide ervaring in die teel van insekte in Suid-Afrikaanse toestande verseker die hoogste standaarde van gehalte en doeltreffendheid vir BISA se produkte.
Maklike vliegbeheer in veebestuur
Een van BISA se uitskietpunte is die gebruik van voordelige insekte soos die Muscidifurax-roof perdebye vir biologiese vliegbeheer. Hierdie klein bondgenote teiken vliegpapies, wat verhoed dat vlieë uitbroei en voortplant. ‘n Varkboer wat BISA se produkte sedert 2016 gebruik, deel graag sy ervaring:
“Ons gebruik die perdebye in die kweek- en afrondingsafdeling waar varke tien weke tot twee-en-twintig weke oud is. Die vliegbevolking het drasties afgeneem.”
Hierdie metode is nie net hoogs doeltreffend nie, maar ook eenvoudig om te gebruik. Die boer verduidelik: “Ons hang klein emmers in die hokke op en gooi dan die papies daarin. Wespe broei dan self uit en gaan na waar die vliegpapies, waarin hulle hulle eiers lê.”
Vir boere wat alternatiewe vir chemiese oplossings soek, is die voordele duidelik: “Ek sal die produk aanbeveel. Dit is ‘n maklike manier om vlieë te beheer sonder om gif te gebruik. Dit is redelik vinnig en neem min tyd om wespe uit te sit, waar ander metodes van vliegbeheer baie meer tyd neem.”
Sterk leierskap en visie
BISA se sukses is gewortel in die sterk bestuur en samewerkende benadering van sewe aandeelhouers en ‘n toegewyde direksie wat toesig hou oor die onderneming. Die maatskappy se strategiese rigting is duidelik: om volhoubare, vernuwende oplossings vir die Suid-Afrikaanse landbou te verskaf.
Loer gerus na hulle webtuiste by https://www.bioinsectsa.com/index.html. | year=2024/part-01415.parquet/83836 | {
"author": "Kylee Mann",
"categories": "Artikels, Vee en Wild",
"country_tld": "South Africa",
"date": "2024-11-29",
"description": "Bioinsectaries South Africa (BISA) wat in 2005 gestig is, is 'n baken van vernuwing en volhoubaarheid in die landbousektor. Met die moderne insekplaas naby Jeffreysbaai, verander BISA die manier waarop vee-ondernemings plae bestuur, verminder die afhanklikheid van chemiese plaagdoders en bevorder biologiese vliegbeheeroplossings. Onder die leiding en kundigheid van entomoloog Willem du Toit en",
"duplicate_count": 0,
"file_path": "/data/nfs/projects/NeurIPS_CL/output_priority/_work/subset_input/year=2024/part-01415.parquet",
"glotlid_code": "",
"glotlid_score": 0,
"hostname": "proagri.co.za",
"language": "af",
"sitename": "ProagriMedia",
"tags": "",
"title": "Bioinsectaries SA het die oplossing: Hou jou varke vry van vlieë | ProAgri",
"url": "https://proagri.co.za/bioinsectaries-sa-het-die-oplossing-hou-jou-varke-vry-van-vliee/",
"warc_filename": "CC-NEWS-20241129223844-07336.warc.gz",
"warc_source": "https://data.commoncrawl.org/crawl-data/CC-NEWS/2024/11/CC-NEWS-20241129223844-07336.warc.gz",
"year_month": "2024-11"
} |
Bosluise: Beskerm jou diere teen die bose inval
Klein botteltjies (of in hierdie geval lyfies), groot gif. Dít is die definisie van ’n bosluis. Hierdie klein, dors bloedsuiers hou daarvan om op beeste te kuier, en al is hulle klein, kan hulle groot skade aanrig. Nie net veroorsaak hulle pyn en ongemak nie, maar hulle dra siektes oor wat die gesondheid en produksie van beeste drasties kan benadeel. So, kom ons kyk na wat bosluise eintlik doen, en hoe boere hulle bose planne kan fnuik!
Watter tipe bosluise kom in Suid-Afrika voor?
In Suid-Afrika vind ons ’n paar groot booswigte in die bosluiswêreld:
Afrika bloubosluis (Rhipicephalus decoloratus): Dié karnallie dra rooiwater oor, ’n siekte wat veroorsaak dat beeste bloedarm, slap en sleg voel.
Pantropiese bloubosluis (Rhipicephalus microplus): Hierdie skelm bosluis dra ook rooiwater, maar hy bring ook galsiekte saam. Dié siekte veroorsaak koors by beeste, laat hulle flou voel en verminder melkproduksie.
Hartwaterbosluis (Amblyomma hebraeum): Sy “hart” is dalk in die regte plek, maar die siekte wat hy dra, laat beeste met neurologiese simptome soos verlamming. Moenie met hierdie een sukkel nie!
Bruinoorbosluis (Rhipicephalus appendiculatus): Hierdie tipe bosluis is bekend vir die berugte ooskuskoors, wat vinnig kan versprei en uiters gevaarlik vir beeste is.
Waarom bosluise die boer se bankrekening laat bloei
Bosluise het nie net die boer se beeste op hulle spyskaart nie, hulle suig ook finansies uit die boer se sak. Beeste verloor bloed en gewig, melk-produksie neem af en vrektes kan voorkom. Daarby moet boere betaal vir behandelings, wat beteken bosluise kos baie geld. Volgens studies het die koste van bosluisbeheer in die 1990’s al miljarde rande beloop, en dit het intussen net erger geword.
Die lewensiklus van bosluise
Bosluise gaan deur ’n siklus voordat hulle volwasse is: hulle begin as klein eiers, verander in larwes, nimfe en dan volwassenes. Elke volwasse wyfie kan tot 3 500 eiers lê! Binne ’n maand kan die bosluisgetalle toenemend groei. As jy nie die bosluissiklus breek nie, kan dit vinnig jou hele plaas oorval!
Sê ‘baai’ vir die bosluis
Nou dat ons weet hoe ’n pyn hierdie bloedsuiers is, hoe kan boere hulle uitknikker?
Hier is ’n paar wenke:
Kampbestuur: Deur beeste se beweging tussen kampe te beperk en hulle mooi skoon te maak voor hulle skuif, kan boere die verspreiding van bosluise beheer. Rekordhouding is ook slim, aangesien dit help om te onthou waar en wanneer die bosluispartytjies die meeste gehou word.
- Seisoenale beheer: Bosluise hou van warmte, so hulle hou hulle somerliggame gereed vir aksie. In warmer maande moet boere dus meer gereeld behandelings toepas om hierdie outjies in toom te hou.
- Insekgroeireguleerders: Hierdie chemikalieë, soos fluazuron, maak seker dat die bosluise se eksoskelet nie verder ontwikkel nie. Dit keer die larwes en nimfe in hulle spore en hulle kan nie volwasse word nie.
- Endemiese stabiliteit: Dit klink dalk ingewikkeld, maar dit is eenvoudig ’n manier om kalwers op ’n jong ouderdom aan klein getalle bosluise bloot te stel. So ontwikkel hulle ’n natuurlike weerstand.
- Chemiese beheer en wisseling: Dipstowwe en ander bosluismiddels is nodig, maar wees versigtig om dit nie te veel te gebruik nie. Bosluise kan slim word en bestand raak teen sekere chemikalieë, so boere moet die behandelings afwissel om die bosluise te “flous”.
’n Finale woord aan die slim boere
Bosluisbeheer het nie ’n kitsoplossing nie; dit verg beplanning en geduld. Die goeie nuus? Met die regte program, ’n bietjie skeppende denke en ’n slim benadering, kan boere hierdie klein bloedjies onder beheer hou. Minder bosluise beteken gesonder vee en ’n gelukkiger, welvarender plaas.
- ProAgri sê dankie aan dr Johann Stadler vir die inligting wat hy verskaf het. | year=2024/part-01415.parquet/83873 | {
"author": "Ashleigh Venter",
"categories": "Dieregesondheid, Vee en Wild",
"country_tld": "South Africa",
"date": "2024-11-29",
"description": "Klein botteltjies (of in hierdie geval lyfies), groot gif. Dít is die definisie van ’n bosluis. Hierdie klein, dors bloedsuiers hou daarvan om op beeste te kuier, en al is hulle klein, kan hulle groot skade aanrig. Nie net veroorsaak hulle pyn en ongemak nie, maar hulle dra siektes oor wat die gesondheid",
"duplicate_count": 0,
"file_path": "/data/nfs/projects/NeurIPS_CL/output_priority/_work/subset_input/year=2024/part-01415.parquet",
"glotlid_code": "",
"glotlid_score": 0,
"hostname": "proagri.co.za",
"language": "af",
"sitename": "ProagriMedia",
"tags": "",
"title": "Bosluise: Beskerm jou diere teen die bose inval | ProAgri",
"url": "https://proagri.co.za/bosluise-beskerm-jou-diere-teen-die-bose-inval/",
"warc_filename": "CC-NEWS-20241129223844-07336.warc.gz",
"warc_source": "https://data.commoncrawl.org/crawl-data/CC-NEWS/2024/11/CC-NEWS-20241129223844-07336.warc.gz",
"year_month": "2024-11"
} |
Graan SA 2024 Graanboer: Dit is ’n voorreg om te boer
Michael Allen en sy seun Gareth van G&M Farming Enterprises het vanjaar weggestap met Graan SA/ Syngenta se gesogte titel as Graanboer van die Jaar 2024.
Die pa-en-seunspan van G&M Farming Enterprises boer die afgelope 16 jaar saam op die plaas Hartebeesfontein sowat 27 km vanaf Middelburg in Mpumalanga.
Michael het die toekenning vroeër vandeesmaand tydens ՚n glansgeleentheid by die Birchwood Hotel in Boksburg, Gauteng, ontvang.
Dit is die 25ste jaar wat die toekenning gemaak word en Derek Mathews, voorsitter van Graan SA, en Luc Henry, pas aangestelde besturende direkteur van Syngenta, die grootste borg, het dit vanjaar aan Michael oorhandig.
Derek het die Allens gelukgewens en gesê die veerkragtigheid van Suid-Afrikaanse boere plaas hulle in ՚n eie klas. “Ons is baie trots op ons graanboere en hulle prestasies in dié aktiewe sektor.”
Michael het op sy beurt Graan SA en Syngenta bedank vir die toekenning en die borgskap. “Ons kan nie sonder die waardevolle vennootskappe met sleutelrolspelers in die graanwaardeketing boer nie,” het Michael in sy aanvaar-dingstoespraak gesê.
“Ek is ՚n groot voorstander van georganiseerde landbou en glo samewer-king begin in ՚n mens se eie kantoor, brei uit na jou buurman en jou landbouvereniging, en uiteindelik na organisasies soos Graan SA. Ons kan nie sonder georganiseerde landbou boer nie en dit is ՚n groot voorreg om deel daarvan te wees.”
Hy het ook sy vrou Carol, sy grootste ondersteuner, bedank, en erkenning gegee aan sy werksmense wat al langer as 20 jaar deel van hulle onderneming is. “Na 43 jaar se boer-dery, insluitend die afgelope 15 jaar saam met my seun Gareth, kan ek opreg sê dat dit wonderlik is om in Suid-Afrika ՚n boer te wees.”
Boerdery
“My oupagrootjie het in die Trichardt-omgewing begin boer,” vertel Michael. “Toe Sasol my oupa Hilton in 1975 uitkoop, het my pa Graham Hartebeesfontein gekoop. Ek het in 1981 by hom aangesluit en dertien jaar saam met hom geboer. Gareth het in 2007 saam met my begin boer.”
Pa en seun is kranige voorstanders van georganiseerde landbou: Michael is die voorsitter en Gareth die sekretaris van die plaaslike landbouvereniging. Hulle plant 1 800 ha, waarvan twee-derdes mielies en een-derde sojabone is.
Hulle het ook kudde van 460 vleisbeeste.
G&M Farming Enterprises spesialiseer in droëland-kortseisoen-mielies en -sojabone en gebruik produkte van PANNAR en Pioneer. Volgens Michael bestaan aanplantings uit twee-derdes mielies, met ‘n plantdigtheid van tussen 52 000 en 78 000 plante per hektaar, en een-derde sojabone met ՚n plantdigtheid van 270 000 tot 300 000 plante per hektaar.
Presisieboerdery
Ons spesialiseer in presisieboerdery en gebruik die nuutste inligting, tegnologie en masjinerie. Ons glo daarin om die grond te voed, en bestee baie geld om die grondwaarde te behou en op te bou vir hoë opbrengste.
“Ons het agtergekom sekere dele van ons landerye lewer verskillende opbrengste en het besef ons kan die potensiaal verbeter. Ons doen grondklassifikasie en -ontleding saam met kaarte wat opbrengs aantoon. Ons dien meer kunsmis toe, wat tot ՚n verhoogde opbrengs lei. Ons kan beslis die verbetering in die grondsamestelling en-digtheid sien.
“Ons presisieboerdery sluit ook grondmonsters op ՚n ruitenet (grid) van 1 ha in, aangepaste kalk- en kuns-mistoedienings, aanpasbare plantbe-volkings, outomatiese GPS-beheer op al ons toerusting, asook die jongste opbrengsmoniteringstoerusting. Ons gebruik ook die nuutste spuite vir presisiebespuiting van ons oeste.”
Volgens Michael het hy en Gareth ՚n baie goeie pa-seun-verhouding en hulle werk goed saam om G&M te bestuur.
Hulle hanteer ook die meeste van hulle landboutoerusting self.
Die grootste uitdagings is hoë insetkoste, sekuriteit en veldbrande. “Dit is vandag duur om te boer, wat beteken die risiko’s is hoog, want ons is nie verseker van ՚n goeie oes nie. Sekuri-teit is ook ՚n belangrike faktor wanneer ՚n mens op ՚n plaas woon of jou oeste op die hoofpaaie vervoer. Voorts het ons die afgelope paar jaar ՚n toename in wegholveldbrande gesien wat nie net oeste nie, maar ook weiding vernietig.”
Tog meen hy boerdery is steeds ՚n goeie leefwyse. “Ons het ՚n positiewe uitkyk op die toekoms van boerdery in Suid-Afrika.
“Dit is vir ons ՚n baie groot eer en seker een van die hoogste toekennings in die bedryf. Ek boer al 43 jaar en hierdie toekenning is seker die toppunt van my loopbaan.”
Bronverwysings
Celebrating award winners in the grain farming family. (2024) SA Graantyd https://sagrainmag.co.za/2024/11/11/celebrating-award-winners-in-the-grain-farming-family/
Campher, S. (2024) Pa en seun as SA graankonings aangewys. Middelburg Oberver https://storage.googleapis.com/meltwaterafrica/134DADB/SNS-1731651553367_134DC0A.pdf | year=2024/part-01415.parquet/83920 | {
"author": "Tisha Steyn",
"categories": "Nuus",
"country_tld": "South Africa",
"date": "2024-11-29",
"description": "Michael Allen en sy seun Gareth van G&M Farming Enterprises het vanjaar weggestap met Graan SA/ Syngenta se gesogte titel as Graanboer van die Jaar 2024. Die pa-en-seunspan van G&M Farming Enterprises boer die afgelope 16 jaar saam op die plaas Hartebeesfontein sowat 27 km vanaf Middelburg in Mpumalanga. Michael het die toekenning vroeër vandeesmaand",
"duplicate_count": 0,
"file_path": "/data/nfs/projects/NeurIPS_CL/output_priority/_work/subset_input/year=2024/part-01415.parquet",
"glotlid_code": "",
"glotlid_score": 0,
"hostname": "proagri.co.za",
"language": "af",
"sitename": "ProagriMedia",
"tags": "",
"title": "Graan SA 2024 Graanboer: Dit is ’n voorreg om te boer | ProAgri",
"url": "https://proagri.co.za/graan-sa-2024-graanboer-dit-is-n-voorreg-om-te-boer/",
"warc_filename": "CC-NEWS-20241129223844-07336.warc.gz",
"warc_source": "https://data.commoncrawl.org/crawl-data/CC-NEWS/2024/11/CC-NEWS-20241129223844-07336.warc.gz",
"year_month": "2024-11"
} |
Grasse van Suid-Afrika deel 11: Pluime
Harige pluimgras (Eragrostis trichophora)
Harige pluimgras groei in versteurde grond. Dit het swak blaarproduksie en is ’n swak weigras. In droë dele word dit egter goed benut, omdat dit nie onsmaaklik is nie.
Hoe ken ek dit uit?
• Blompakkies is klein en grys
• Onderste knope is knievormig
• Halms het pers knope
Krulblaar (breed) (Eragrostis rigidior)
Krulblaar kom in warm bosveldgebiede voor. Dit is ’n gemiddelde weidingsgras omdat dit hard is en relatief min blare het. Wanneer dit algemeen voorkom, is dit ’n aanduiding van versteuring.
Hoe ken ek dit uit?
• Onderste blaarskede is papieragtig
• Droë blare is gekrul
• Onderste vertakkings is in ’n krans gerangskik
Krulblaar (smal) (Eragrostis chloromelas)
Krulblaar kom voor in oop grasgebiede en ook in versteurde kolle. Vroeg in die seisoen is dit ’n smaaklike gras, maar later word dit onsmaaklik.
Hoe ken ek dit uit?
• Blare is draadvormig gerol
• Blare is aan die basis van die plant gekonsentreer
• Kompakte polgras
Oulandsgras (Eragrostis curvula)
Hierdie gras kom wydverspreid voor en groei in versteurde grond. Dit is algemeen in gebiede met baie reën en oorbeweiding. In koue streke in Suid-Afrika is dit ’n belangrike gras vir weiding.
Hoe ken ek dit uit?
• Blompakkies is donkergrys tot olyfgroen
• Lang, slap blare
• Bloeiwyse is ’n oop pluim
Natal-rooipluim (Melinis repens)
Hierdie wydverspreide gras kom voor in versteurde grond. Dit groei goed in alle grondsoorte. Jy sal dit gereeld sien langs paaie in suidelike Afrika. Dit speel ’n belangrike rol om versteurde grond te stabiliseer.
Hoe ken ek dit uit?
• Knope het fluweelagtige hare
• Rooi, pienk en wit bloeiwyses
• Blompakkies verander van pers na wit
Klipgras (Enneapogon scaber)
Klipgras kom in bergagtige en droë gebiede voor. Dit kom selde in die veld voor en is daarom nie belangrik vir
weiding nie. Hierdie gras speel ’n noodsaaklike rol om bogrond in bergagtige gebiede teen erosie te beskerm.
Hoe ken ek dit uit?
• Blare en halms is harig
• Groei in klipperige dele
• Blom in die somer
Duinegras (Pentaschistis pallida)
Duinegras groei in fynbos- en sukkelente Karoo. Dit is ’n baie swak weigras as gevolg van die harde, draadvormige blare.
Hoe ken ek dit uit?
• Digte, meerjarige polgras
• Halms is met kliertjies bedek
• Vertakkings is harig
Gewone eenjarige pentaschistis (Pentaschistis airoides)
Hierdie gras groei in vertrapte en vrugbare veld. Dit is smaaklik, maar het ’n lae blaarproduksie. Dit speel wel ’n belangrike rol om grond teen erosie te beskerm.
Hoe ken ek dit uit?
• Klein en fyn
• Halms is met kliertjies bedek
• Groei in versteurde grond
Titegras (Eragrostis inamoena)
Titegras groei goed in die bosveld en in nat grond, hoewel dit in enige grondsoort groei. Dit word selde as weiding benut. Hierdie gras help om verspoeling te voorkom.
Hoe ken ek dit uit?
• Groei op nat plekke
• Blompakkies is groen tot pers
• Blare is opwaarts gerig
Fynvleigras (Eragrostis bicolor)
Fynvleigras kom gewoonlik voor in brak grond in gebiede soos rivierbeddings. Dit word deur grasvreters benut, al is dit onsmaaklik.
Hoe ken ek dit uit?
• Blompakkies is geel en pers
• Blaarpunte is draadvormig gerol
• Droë blare is gekrul
Douvalgras (Eragrostis obtusa)
Douvalgras is lief vir versteurde grond wat klipperig is. Terwyl dit nog jonk is, word dit goed bewei. Wanneer dit algemeen voorkom, is dit ’n aanduiding van oorbeweiding.
Hoe ken ek dit uit?
• Onderste knope is knievormig
• Blompakkies is plat en ovaal
• Blaarskede is haarloos
Stink-eragrostis (Eragrostis cilianensis)
Stink-eragrostis groei daar waar reën versamel en in versteurde grond. Soos wat die naam aandui, het dit ’n uiters onaangename reuk. Dit, gepaard met die lae blaarproduksie, maak dit ’n swak weidingsgras.
Hoe ken ek dit uit?
• Het ’n onaangename reuk
• Blompakkies is grysgroen
• Bedek met donker kliertjies
Rysgras (Leersia hexandra)
Rysgras groei in of naby permanente waterbronne, waar dit in vlak water of nat grond kan groei. Dit is een van die beste watergrasse vir weiding, selfs al is die blare skurf.
Hoe ken ek dit uit?
• Lief vir water
• Blare is baie skurf
• Knope het kort, wit hare
Ghagras (Chaetobromus dregeanus)
Ghagras groei die beste in sandgrond of teen klipperige hellings. Hierdie smaaklike gras is goed vir weiding en
vee is lief daarvoor.
Hoe ken ek dit uit?
• Klossie wit hare aan die steeltjie
• Blompakkies is harig aan die binnekant
• Meerjarige polgras
Persklossiegras (Bothriochloa bladhii)
Persklossiegras groei langs rivieroewers, langs waterstrome en in nat grond. Dit het ’n sterk reuk wat veroorsaak dat vee dit vermy. Dit het ’n vlugtige olie wat 34 bestanddele bevat.
Hoe ken ek dit uit?
• Blare is sterk aromaties
• Bloeiwyse is ’n pers pluim
• Blare is heldergroen
ProAgri sê dankie aan Frits van Oudtshoorn wat sy boek, Grasse van Suider-Afrika, beskikbaar gestel het as ’n handleiding vir die reeks. Frits is ’n weidingskonsultant en kan gekontak word by (+27)78-228-0008 of frits@alut.co.za.
Indien jy belangstel om meer oor die grasse van Suider-Afrika te leer, kan jy Frits se boek koop by Soutpansbergweg 121, Riviera, Pretoria of aanlyn via marketing@briza.co.za. | year=2024/part-01415.parquet/83955 | {
"author": "Ashleigh Venter",
"categories": "Artikels, Vee en Wild",
"country_tld": "South Africa",
"date": "2024-11-29",
"description": "Harige pluimgras (Eragrostis trichophora) Harige pluimgras groei in versteurde grond. Dit het swak blaarproduksie en is ’n swak weigras. In droë dele word dit egter goed benut, omdat dit nie onsmaaklik is nie. Hoe ken ek dit uit? • Blompakkies is klein en grys • Onderste knope is knievormig • Halms het pers knope Krulblaar (breed) (Eragrostis rigidior) Krulblaar kom in warm",
"duplicate_count": 0,
"file_path": "/data/nfs/projects/NeurIPS_CL/output_priority/_work/subset_input/year=2024/part-01415.parquet",
"glotlid_code": "",
"glotlid_score": 0,
"hostname": "proagri.co.za",
"language": "af",
"sitename": "ProagriMedia",
"tags": "",
"title": "Grasse van Suid-Afrika deel 11: Pluime | ProAgri",
"url": "https://proagri.co.za/grasse-van-suid-afrika-deel-11-pluime/",
"warc_filename": "CC-NEWS-20241129223844-07336.warc.gz",
"warc_source": "https://data.commoncrawl.org/crawl-data/CC-NEWS/2024/11/CC-NEWS-20241129223844-07336.warc.gz",
"year_month": "2024-11"
} |
iMPAC Cropsure – Die top gewasversekering vir Suid-Afrikaanse boere
In die wêreld van landbou, waar onvoorspelbare weersomstandighede en ander risiko’s die oorlewing van boere kan beïnvloed, bring iMPAC Cropsure ’n vars en vernuftige benadering tot gewasversekering. Hierdie firma is besig om die mark te herdefinieer met produkte en stelsels wat boere gerusstel en beskerm teen die onvermydelike uitdagings van die bedryf.
Wie is iMPAC Cropsure?
Met ’n visie om boere se lewe makliker te maak, bied iMPAC Cropsure ’n ten volle geïntegreerde versekeringsplatform in Suid-Afrika. Hierdie platform verseker vinniger omkeertye op eise en bied maklike polisadministrasie – iets wat voorheen ’n groot uitdaging was. Die span bestaan uit hoogs opgeleide, onafhanklike taksateurs wat skade korrek en regverdig assesseer, om sodoende boere gemoedsrus te gee dat hul eise met die hoogste standaarde hanteer word.
iMPAC Cropsure is ook die eerste maatskappy in die land wat met ’n Inkomste Waarborg-produk die mark betree het. Hierdie unieke produk verseker dat boere finansiële sekerheid het, selfs in die gesig van natuurrampe of ander risiko’s buite hulle beheer.
Wat maak iMPAC Cropsure anders?
Die gewasversekeringsmark was lank vasgevang in tradisionele metodes, maar iMPAC bring ’n moderne en vernuwende benadering. Hulle verstaan dat boere bekostigbare, omvattende beskerming benodig wat werklik vir hulle werk. Van die omvattende dekking teen alle risiko’s tot die unieke taksasieprogram, is elke aspek ontwerp met die boer in gedagte.
Roelof Schutte, die senior bestuurder by iMPAC Cropsure, vertel dat die versekeringspolis net by gekwalifiseerde makelaars is wat deur ’n veelsydige kursus gegaan het, om die sodoende kennis van iMPAC Cropsure se versekering en behoeftes van die boer, te kan verstaan en reg aan te bied. Hierdie proses beoog om die kwaliteit en spesialiteit van die onderneming konsewent te hou terwyl die boer se belange 100% na omgesien word.
Dekking wat tel
iMPAC Cropsure bied dekking vir ’n wye verskeidenheid gewasse, insluitend mielies, sojabone, sonneblom, sorghum, droëbone, grondbone, katoen, aartappels, koring, gars en hawer. Hulle versekeringsplanne sluit dekking in teen die direkte meganiese skade van hael en opsioneel ook brand, transito, en ryp – alles aangepas volgens die unieke behoeftes van elke gewas en boerderypraktyk.
In kort, die omvattende dekking verseker boere teen enige risiko’s wat buite hul beheer val, vanaf die oomblik wat die opkomverslag bevestig dat die oppervlak geplant is en goeie boerderypraktyke toegepas word.
Verhoudings wat saak maak
Wat iMPAC Cropsure uitlig, is hul toewyding aan diens en hul fokus op verhoudings. Hulle glo in die krag van vennootskappe – nie net met boere nie, maar ook met tussengangers. Hulle stap die pad saam met kliënte, wat beteken dat elke polis en eis ’n persoonlike ervaring is. Hierdie mensgerigte benadering, gekombineer met hulle gevorderde tegnologie, maak iMPAC Cropsure ’n ware bondgenoot vir Suid-Afrikaanse boere.
Met hulle vernuwende produkte, vinnige eisprosesse en toewyding aan bekostigbaarheid, is iMPAC Cropsure vir boere wat hulle gewasse en toekoms wil beskerm, die vennoot wat hulle aan die sy wil hê.
Besoek die iMPAC Cropsure webtuiste by https://www.impaccropsure.co.za/index.php. | year=2024/part-01415.parquet/83984 | {
"author": "Kylee Mann",
"categories": "Artikels, Gewasproduksie",
"country_tld": "South Africa",
"date": "2024-11-29",
"description": "In die wêreld van landbou, waar onvoorspelbare weersomstandighede en ander risiko’s die oorlewing van boere kan beïnvloed, bring iMPAC Cropsure ’n vars en vernuftige benadering tot gewasversekering. Hierdie firma is besig om die mark te herdefinieer met produkte en stelsels wat boere gerusstel en beskerm teen die onvermydelike uitdagings van die bedryf. Wie is iMPAC Cropsure? Met",
"duplicate_count": 0,
"file_path": "/data/nfs/projects/NeurIPS_CL/output_priority/_work/subset_input/year=2024/part-01415.parquet",
"glotlid_code": "",
"glotlid_score": 0,
"hostname": "proagri.co.za",
"language": "af",
"sitename": "ProagriMedia",
"tags": "",
"title": "iMPAC Cropsure – Die top gewasversekering vir Suid-Afrikaanse boere | ProAgri",
"url": "https://proagri.co.za/impac-cropsure-die-top-gewasversekering-vir-suid-afrikaanse-boere/",
"warc_filename": "CC-NEWS-20241129223844-07336.warc.gz",
"warc_source": "https://data.commoncrawl.org/crawl-data/CC-NEWS/2024/11/CC-NEWS-20241129223844-07336.warc.gz",
"year_month": "2024-11"
} |
ProAgriMedia en JagLekker wys die Mahindra Scorpio N by putjie 2 tydens die Makejane & Hanna Liefdadigheids-gholfdag!
Tydens die onlangse Makejane & Hanna Liefdadigheidsgeleentheid by die pragtige Wingate Country Club, was ProAgriMedia en JagLekker trots om nie net putjie 2 te verteenwoordig nie, maar ook die indrukwekkende Mahindra Scorpio N ten toon te stel. Hierdie robuuste tog stylvolle voertuig het beslis aandag getrek en gesprekke aangewakker toe deelnemers die kans gekry het om die merkwaardige masjien van naderby te besigtig.
Die Mahindra Scorpio N: ’n Safari- en leefstyl-ikoon
Die Mahindra Scorpio N, geplaas by putjie 2, het as ’n simbool van krag, styl en veelsydigheid gestaan. Ontwerp om alles aan te pak, van rowwe veldpaaie tot stadspaaie, is dit reg vir enige avontuur.
Hoogtepunte wat die aandag van gholfspelers en deelnemers getrek het, sluit in:
- 4×4 vermoëns: Perfek om enige terrein te trotseer, of dit nou die agterpaaie van die Afrika-bos of die graspaadjies by Wingate Country Club is.
- Indrukwekkende ontwerp: Die moderne styl van die Scorpio N het dit ’n uitstaande kenmerk van die dag gemaak, en dit het perfek ingepas by die gesofistikeerde atmosfeer van die geleentheid.
- Gemaklik en duursaam: Die ruim en premium binnekant bied gemak vir lang reise, terwyl die voertuig sterk genoeg is om enige uitdaging te hanteer.
- Slim tegnologie: Toegerus met gevorderde kenmerke soos intuïtiewe infotainment- en GPS-stelsels, het dit ’n groot indruk gemaak op almal.
’n Hoogtepunt van die liefdadigheids-gholfdag
Putjie 2 was gevul met opwinding, aangesien spelers nie net op hul spel gefokus het nie, maar ook die Mahindra Scorpio N van nader ervaar het. Die voertuig se teenwoordigheid het die sinergie tussen avontuur, gemeenskap en doelwit beklemtoon, waardes wat deur ProagriMedia, JagLekker en die Makejane & Hanna-liefdadigheid gedeel word.
Die Scorpio N het as ’n gesprekspunt gedien en herinner aan hoe buitengewone voertuie, net soos wonderlike geleenthede, mense bymekaar bring en inspireer.
’n Viering van gemeenskap en vernuwing
Die vertoning van die Mahindra Scorpio N by putjie 2 het ’n opwinding tot die geleentheid gevoeg en die elegansie van gholf met die robuuste aantrekkingskrag van ’n voertuig wat vir Afrika se landskappe gebou is, gekombineer. Die voertuig se teenwoordigheid het beklemtoon dat, of jy nou oor wilde terrein ry of op pad is na jou volgende bestemming, die Scorpio N gereed is om jou te neem na waar jy wil wees.
Ons is trots daarop om die krag van gemeenskap, vernuwing en avontuur te kombineer tydens ’n dag wat regtig ’n verskil gemaak het. Hier is op nog baie geleenthede waar doel en passie hand aan hand gaan! | year=2024/part-01415.parquet/84015 | {
"author": "Specialist Writer",
"categories": "Artikels, Meganisasie",
"country_tld": "South Africa",
"date": "2024-11-29",
"description": "Tydens die onlangse Makejane & Hanna Liefdadigheidsgeleentheid by die pragtige Wingate Country Club, was ProAgriMedia en JagLekker trots om nie net putjie 2 te verteenwoordig nie, maar ook die indrukwekkende Mahindra Scorpio N ten toon te stel. Hierdie robuuste tog stylvolle voertuig het beslis aandag getrek en gesprekke aangewakker toe deelnemers die kans",
"duplicate_count": 0,
"file_path": "/data/nfs/projects/NeurIPS_CL/output_priority/_work/subset_input/year=2024/part-01415.parquet",
"glotlid_code": "",
"glotlid_score": 0,
"hostname": "proagri.co.za",
"language": "af",
"sitename": "ProagriMedia",
"tags": "",
"title": "ProAgriMedia en JagLekker wys die Mahindra Scorpio N by putjie 2 tydens die Makejane & Hanna Liefdadigheids-gholfdag! | ProAgri",
"url": "https://proagri.co.za/proagrimedia-en-jaglekker-wys-die-mahindra-scorpio-n-by-putjie-2-tydens-die-makejane-hanna-liefdadigheids-gholfdag/",
"warc_filename": "CC-NEWS-20241129223844-07336.warc.gz",
"warc_source": "https://data.commoncrawl.org/crawl-data/CC-NEWS/2024/11/CC-NEWS-20241129223844-07336.warc.gz",
"year_month": "2024-11"
} |
Verken Elephant Plains Game Lodge met ProagriMedia, Next African Safari en die Mahindra Scorpio N
Ons jongste avontuur het ons na die ikoniese Elephant Plains Game Lodge geneem, geleë in die wêreldbekende Sabi Sands Wildreservaat. ProAgriMedia en Next African Safari is opgewonde om hierdie unieke ervaring met julle te deel – ‘n kombinasie van Afrika se ryk wildlewe, luukse verblyf en ‘n onvergeetlike reis in die Mahindra Scorpio N, wat die perfekte metgesel vir hierdie safari was.
Ontsnap na die wêreld van Elephant Plains
Elephant Plains Game Lodge bied ‘n buitengewone safari-ervaring, met wildritte wat jou diep in die harttjie van Afrika-wildernis neem. Die lodge is perfek geleë om uitsigte te geniet van die pragtige vlaktes en die ongelooflike Big Five wat hier vrylik rondbeweeg. Onder leiding van ervare gidse het ons olifante van naby gesien, leeus gehoor brul in die verte en selfs die skugter luiperd onder oë gehad.
Tussen wildritte deur bied die lodge ‘n hawe van rus en vrede. Van die swembad wat oor die vlaktes uitkyk, tot die stylvolle kamers en heerlike maaltye, is Elephant Plains die perfekte plek om te ontspan en die wonder van die wildernis te geniet.
Ry in styl: Mahindra Scorpio N
Die reis na Elephant Plains was ‘n avontuur op sy eie, danksy die indrukwekkende Mahindra Scorpio N. Hierdie voertuig het elke uitdaging van die Sabi Sands se terrein maklik-maklik aangepak.
- Onverbeterlike 4×4-vermoë: Selfs die rowwe bos en rivierkruisings was geen probleem vir die Scorpio N nie.
- Gerieflike binnekant: Die ruim en luukse binnekant het gesorg vir ‘n gemaklike rit, selfs oor lang afstande.
- Enjinkrag: Die enjin se krag en soepel hantering het ons selfversekerd deur elke draai en opdraande geneem.
- Slim tegnologie: Van rigting aanwys tot klimaatbeheer, die Scorpio N het ons toegerus om die reis ten volle te geniet.
Die Scorpio N het nie net as ‘n betroubare voertuig gedien nie, maar dit het ook die avontuur bygevoeg tot die rit en ons gemaklik na ons bestemming geneem.
Waarom Elephant Plains Game Lodge onvergeetlik is
Elephant Plains staan uit as ‘n bestemming wat ware, besonderse Afrika uitbeeld. Hulle verbintenis tot bewaring, die ongelooflike wildlewe-ervarings en die lodge se gasvryheid maak dit ‘n plek wat jy nie wil misloop nie. Hier voel elke oomblik spesiaal – of jy nou ‘n leeu van naby sien of ontspan met ‘n uitsig oor die vlakte.
Bring die avontuur na jou
ProAgriMedia en Next African Safari is opgewonde om hierdie reis met julle te deel. Hou ons dop vir asemrowende foto’s, inspirerende verhale, en ‘n blik agter die skerms van ons tyd by Elephant Plains Lodge en ons rit in die Mahindra Scorpio N.
Sluit by ons aan op hierdie ongelooflike reis, waar elke wildrit en elke myl met die Mahindra Scorpio N deel word van ‘n verhaal wat jy nooit sal vergeet nie. | year=2024/part-01415.parquet/84048 | {
"author": "Specialist Writer",
"categories": "Artikels, Meganisasie",
"country_tld": "South Africa",
"date": "2024-11-29",
"description": "Ons jongste avontuur het ons na die ikoniese Elephant Plains Game Lodge geneem, geleë in die wêreldbekende Sabi Sands Wildreservaat. ProAgriMedia en Next African Safari is opgewonde om hierdie unieke ervaring met julle te deel - 'n kombinasie van Afrika se ryk wildlewe, luukse verblyf en 'n onvergeetlike reis in die Mahindra Scorpio",
"duplicate_count": 0,
"file_path": "/data/nfs/projects/NeurIPS_CL/output_priority/_work/subset_input/year=2024/part-01415.parquet",
"glotlid_code": "",
"glotlid_score": 0,
"hostname": "proagri.co.za",
"language": "af",
"sitename": "ProagriMedia",
"tags": "",
"title": "Verken Elephant Plains Game Lodge met ProagriMedia, Next African Safari en die Mahindra Scorpio N | ProAgri",
"url": "https://proagri.co.za/verken-elephant-plains-game-lodge-met-proagrimedia-next-african-safari-en-die-mahindra-scorpio-n/",
"warc_filename": "CC-NEWS-20241129223844-07336.warc.gz",
"warc_source": "https://data.commoncrawl.org/crawl-data/CC-NEWS/2024/11/CC-NEWS-20241129223844-07336.warc.gz",
"year_month": "2024-11"
} |
VIDEO: HelpJag en Bakkies Botha se samesyn
Bakkies is nie net ‘n boer nie, maar ook ‘n ambassadeur vir die boeregemeenskap.
Hy verstaan die uitdagings waarmee boere te doen kry, en hy gebruik sy platform om die hardwerkende manne en vroue wat ons land voed, te ondersteun. Hy is bekend vir sy motiverende boodskappe aan boere, waar hy hulle aanmoedig om moed te hou en nooit op te gee nie, ongeag die uitdagings wat voorlê.
Bakkies is ook betrokke by HelpJag, waar hulle wildsvleis versprei na ongeveer 90 skole regoor die land en daarmee ongeveer 8 000 kleuters voed.
Vir meer inligting oor hoe jy kan bydra en betrokke raak by hierdie inisiatief, besoek https://helpjag.co.za/. | year=2024/part-01415.parquet/84085 | {
"author": "Specialist Writer",
"categories": "Videos",
"country_tld": "South Africa",
"date": "2024-11-29",
"description": "Bakkies is nie net ‘n boer nie, maar ook ‘n ambassadeur vir die boeregemeenskap. Hy verstaan die uitdagings waarmee boere te doen kry, en hy gebruik sy platform om die hardwerkende manne en vroue wat ons land voed, te ondersteun. Hy is bekend vir sy motiverende boodskappe aan boere, waar hy hulle aanmoedig",
"duplicate_count": 0,
"file_path": "/data/nfs/projects/NeurIPS_CL/output_priority/_work/subset_input/year=2024/part-01415.parquet",
"glotlid_code": "",
"glotlid_score": 0,
"hostname": "proagri.co.za",
"language": "af",
"sitename": "ProagriMedia",
"tags": "",
"title": "VIDEO: HelpJag en Bakkies Botha se samesyn | ProAgri",
"url": "https://proagri.co.za/video-helpjag-en-bakkies-botha-se-samesyn/",
"warc_filename": "CC-NEWS-20241129223844-07336.warc.gz",
"warc_source": "https://data.commoncrawl.org/crawl-data/CC-NEWS/2024/11/CC-NEWS-20241129223844-07336.warc.gz",
"year_month": "2024-11"
} |
Die meeste aanlyntransaksies, in fiat en kripto, gaan deur hul eie proses in die agtergrond tussen stuur en goedkeuring. In tradisionele bankstelsels word 'n transaksie as finaal beskou sodra dit volledig deur alle betrokke finansiële instellings verwerk is - en tog kan dit om enige rede omgekeer word. Dit gebeur nie met die meeste kripto-geldeenhede nie, waar transaksies daarop gemik is om onveranderlik te wees.
Transaksiefinaliteit in kripto verwys na die punt waarop 'n transaksie as permanent en onomkeerbaar op die netwerk beskou word. Sodra 'n transaksie finaliteit bereik, kan dit nie ongedaan gemaak of verander word nie, om te verseker dat die fondse by die beoogde ontvanger is of dat die betrokke data ongetwyfeld aan die ketting is. Dit verseker gebruikers dat hulle die ontvangde fondse veilig kan spandeer.
Natuurlik is nie alle kripto's dieselfde gebou nie, en hulle het almal verskillende meganismes om hul eie vlak van transaksiefinaliteit te bereik.
Jy sal waarskynlik verskeie vind
Daarteenoor vind waarskynlikheidsfinaliteit plaas wanneer 'n transaksie mettertyd veiliger word, maar teoreties omgekeer kan word , veral kort nadat dit na die netwerk uitgesaai is. Byvoorbeeld, in Bitcoin is 'n transaksie met net een bevestiging minder veilig as een met ses bevestigings. Dit is omdat daar vroeg reeds 'n klein kans is dat 'n mynwerker 'n alternatiewe ketting met genoeg mynkrag kan skep, wat die transaksie effektief kan omkeer.
'n Praktiese voorbeeld hiervan is 'n 51%-aanval, waar 'n entiteit wat die meerderheid van die netwerk se hashing-krag beheer onlangse blokke kan herskryf, wat vorige transaksies moontlik kan omkeer of ongeldig maak. Hierdie scenario is egter onwaarskynlik, want
In die digitale wêreld kan byna alles gekopieer en geplak word, en dit was vir baie jare 'n probleem met die skep van elektroniese geld. Kriptogeldeenhede het hul eie kriptografiese en gedesentraliseerde stelsel gebring om presies dit te voorkom. Sonder finaliteit kan iemand hul kripto twee keer spandeer (dubbelbesteding), wat die hele stelsel se integriteit ondermyn. Deur te waarborg dat sodra 'n transaksie bevestig is, dit permanent op die ketting aangeteken word, elimineer finaliteit hierdie risiko en skep 'n betroubare raamwerk vir die uitruil van digitale bates. Dit is hoekom transaksiefinaliteit in die eerste plek belangrik is.
Op die gebied van
Vir gedesentraliseerde toepassings (Dapps) is transaksiefinaliteit die sleutel tot die handhawing van die sekuriteit en betroubaarheid van hul bedrywighede. Wanneer gebruikers met Dapps interaksie het, moet hulle weet dat hul aksies en transaksies onomkeerbaar is sodra dit bevestig is. Finaliteit waarborg dit, om te verseker dat die uitkomste van Dapp-interaksies betroubaar is.
In terme van
Terwyl die onlangse deel van die MC kan verander soos nuwe transaksies ontvang word, is sy ou deel, verby 'n sekere punt, stabiel, wat beteken dat dit nooit sal verander nie, maak nie saak watter nuwe transaksies ontvang word nie. Hierdie punt word die stabiliteitspunt genoem. 'n Transaksie word finaal en onomkeerbaar sodra die stabiliteitspunt voor die transaksie beweeg. Dit gebeur wanneer genoeg “gewig” van OP's op die ouer deel van die MC geplaas word en enige mededingende takke hul kanse verloor om daardie deel van die MC te herlei. Daarom, nadat die stabiliteitspunt bereik is, word 'n transaksie as volledig bevestig beskou en kan dit nie omgekeer word nie, wat deterministiese finaliteit verseker, in teenstelling met die waarskynlike een op sommige bekende blokkettings, insluitend Bitcoin.
As gevolg hiervan kan gebruikers die voordele van 'n hele kripto-ekosisteem geniet, insluitend slim kontrakte, gedesentraliseerde finansies (DeFi)-toepassings, outonome agente (AA), pasgemaakte tekens en meer kenmerke, alles met geïntegreerde deterministiese finaliteit.
Uitstalvektorbeeld deur vectorjuice / | year=2025/part-00103.parquet/33188 | {
"author": "Obyte",
"categories": "crypto-transactions",
"country_tld": "",
"date": "2024-11-15",
"description": "Transaksiefinaliteit in kripto verwys na die punt waarop 'n transaksie as onomkeerbaar op die netwerk beskou word, maar daar is meer. Kom ons vind uit!",
"duplicate_count": 0,
"file_path": "/data/nfs/projects/NeurIPS_CL/output_priority/_work/subset_input/year=2025/part-00103.parquet",
"glotlid_code": "",
"glotlid_score": 0,
"hostname": "hackernoon.com",
"language": "af",
"sitename": "Hackernoon",
"tags": "",
"title": "Opvoedkundige byte: wat is transaksiefinaliteit in Crypto, en waarom maak dit saak? | HackerNoon",
"url": "https://hackernoon.com/lang/af/opvoedkundige-byte-wat-is-transaksiefinaliteit-in-kripto-en-hoekom-maak-dit-saak",
"warc_filename": "CC-NEWS-20250131125156-00551.warc.gz",
"warc_source": "https://data.commoncrawl.org/crawl-data/CC-NEWS/2025/01/CC-NEWS-20250131125156-00551.warc.gz",
"year_month": "2024-11"
} |
VALLETTA, Malta, 18 November 2024/Chainwire/--LaunchPunks het amptelik van stapel gestuur, wat 'n gamified en gemeenskap-gesentreerde benadering tot die kripto launchpad landskap bekendstel. Gebou op Bitcoin via die TAP-protokol, beklemtoon die platform regverdigheid, deursigtigheid en skaalbaarheid terwyl tradisionele lanseerpadmodelle uitgedaag word.
Ghosty Cash lei die aanklag saam met hulle. Ghosty Cash verteenwoordig 'n innoverende benadering tot anonieme kruiskettingruiltransaksies, wat ontwerp is om konvensionele DeFi-modelle uit te daag en gebruikersoutonomie te verbeter.
Met meer as $50 miljoen volume omgeruil en 200% maandelikse Total Value Swapped (TVS) groei, vestig Ghosty Cash en sy nutstoken Spooky ($SPKY) 'n teenwoordigheid in die groeiende Bitcoin DeFi-ekosisteem.
$SPKY Token Utility Hoogtepunte:
LaunchPunks breek weg van vaste vlakke, verborge tokenomics en passiewe deelname en neem 'n vars, gemeenskapsgefokusde benadering:
Met Ghosty Cash poog LaunchPunks om 'n revolusionêre benadering tot tokenbekendstellings te bring om die kompetisie seker te skrik.
"Die ou reëls is weg - ons maak launchpads pret en toeganklik," sê LaunchPunks medestigter Mark. "Ons doen dinge op ons eie manier, en almal kry 'n kans."
Die Ghosty Cash-gemeenskapsverhoging word eksklusief op LaunchPunks, Maandag, 18 November, regstreeks.
Vir meer inligting kan gebruikers besoek
Begin Punks
Hierdie storie is versprei as 'n vrystelling deur Chainwire onder HackerNoon se Business Blogging Program. Kom meer te wete oor die program | year=2025/part-00103.parquet/33239 | {
"author": "Chainwire",
"categories": "web3",
"country_tld": "",
"date": "2024-11-18",
"description": "Ghosty Cash lei die aanklag saam met hulle. Ghosty Cash verteenwoordig 'n innoverende benadering tot anonieme, kruis-kettingruiltransaksies, ontwerp om konvensionele D uit te daag",
"duplicate_count": 0,
"file_path": "/data/nfs/projects/NeurIPS_CL/output_priority/_work/subset_input/year=2025/part-00103.parquet",
"glotlid_code": "",
"glotlid_score": 0,
"hostname": "hackernoon.com",
"language": "af",
"sitename": "Hackernoon",
"tags": "",
"title": "Volgende generasie Gamified Launchpad LaunchPunks gaan regstreeks met Ghosty Cash | HackerNoon",
"url": "https://hackernoon.com/lang/af/volgende-generasie-gamified-launchpad-launchpunks-gaan-regstreeks-met-spookagtige-kontant",
"warc_filename": "CC-NEWS-20250131125156-00551.warc.gz",
"warc_source": "https://data.commoncrawl.org/crawl-data/CC-NEWS/2025/01/CC-NEWS-20250131125156-00551.warc.gz",
"year_month": "2024-11"
} |
End of preview. Expand
in Data Studio
No dataset card yet
- Downloads last month
- 12