text
string
id
string
dump
string
url
string
date
string
file_path
string
license_abbr
string
license_version
string
license_location
string
license_in_head
bool
license_in_footer
bool
potential_licenses
dict
license_parse_error
bool
license_disagreement
bool
language_script
string
language
string
language_score
float64
found_in_fw
bool
Maart Jump to navigation Jump to search Inhoud Enkelvoud | Meervoud | ---|---| Maart | Maartmaande | - مَارْتْ , meervoud: مَارْتْمَانْدِی - Die derde maand van die Gregoriaanse jaar, met 31 dae. - Maart is vernoem na Mars, die Romeinse god van oorlog. - Sien Wikipedia vir meer inligting oor Maart.
<urn:uuid:22670b73-4347-407c-8c13-1add3670f963>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wiktionary.org/wiki/Maart
2019-07-20T15:52:19Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526536.46/warc/CC-MAIN-20190720153215-20190720175215-00133.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99939
false
Elroy Hirsch Jump to navigation Jump to search Elroy Hirsch | | Geboorte | 17 Junie 1923 | ---|---| Nasionaliteit | Amerikaans | Sterfte | 28 Januarie 2004 (op 80) | Beroep(e) | Akteur | Internet-rolprentdatabasis-profiel | Elroy Hirsch (17 Junie 1923 – 28 Januarie 2004) was 'n Amerikaanse akteur. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente Crazylegs (1953), Unchained (1955), en Zero Hour! (1957), en in die televisiereeks The Pepsi-Cola Playhouse (1953). Filmografie[wysig | wysig bron] Rolprente[wysig | wysig bron] - 1953: Crazylegs - 1955: Unchained - 1957: Zero Hour! Televisiereekse[wysig | wysig bron] - 1953: The Pepsi-Cola Playhouse
<urn:uuid:9bf76258-bb7a-47dd-b381-e1dcbf3b6d47>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Elroy_Hirsch
2019-07-23T03:00:17Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528687.63/warc/CC-MAIN-20190723022935-20190723044935-00453.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99194
true
Hisao Kami Jump to navigation Jump to search Persoonlike inligting | ||| ---|---|---|---| Geboortenaam | Hisao Kami | || Gebore | 28 Junie 1941 | || Geboorteplek | Hiroshima, Japan | || Lengte | 176 cm | || Speelposisie | Verdediger | || Seniorloopbaan* | ||| Jare | Span | Kere† | (Doele)† | 1960-1972 | Nippon Steel | 85 | (5) | Totaal | 85 | (5) | | Nasionale span | ||| 1964-1968 | Japan | 15 | (0) | * Kere vir seniorklub uitgedraf en doele is net vir die plaaslike liga.. † Kere uitgedraf (Doele). | Internasionale loopbaan[wysig | wysig bron] Japanse nasionale sokkerspan | || ---|---|---| Jare | Kere | Doele | 1964 | 1 | 0 | 1965 | 3 | 0 | 1966 | 5 | 0 | 1967 | 4 | 0 | 1968 | 2 | 0 | Totaal | 15 | 0 |
<urn:uuid:9c8bc84b-a53a-4e28-a4cb-c4d7c976396b>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Hisao_Kami
2019-07-23T02:56:36Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528687.63/warc/CC-MAIN-20190723022935-20190723044935-00453.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.907521
false
Hulp Kategorie:Linaceae in Wikipedia, die vrye ensiklopedie Jump to navigation Jump to search Bladsye in kategorie "Linaceae" Hierdie kategorie bevat slegs die volgende bladsy. L Linum usitatissimum Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Kategorie:Linaceae&oldid=1534578 " Kategorie : Malpighiales Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Kategorie Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Ander projekte Wikimedia Commons Druk/eksporteer Skep boek Laai af as PDF Drukbare weergawe Gereedskap Skakels hierheen Verwante veranderings Spesiale bladsye Permanente skakel Bladinligting Wikidata-item Ander tale العربية Asturianu Azərbaycanca Башҡортса Беларуская Беларуская (тарашкевіца) Български Català Cebuano Corsu Čeština Cymraeg Deutsch English Esperanto Español Eesti Euskara فارسی Suomi Français Nordfriisk Frysk Galego עברית Hrvatski Magyar Bahasa Indonesia Italiano 日本語 ქართული Қазақша 한국어 Kurdî Latina Lietuvių Latviešu Македонски Nāhuatl Nederlands Occitan Polski Português Română Русский Srpskohrvatski / српскохрватски Slovenčina Svenska Türkçe Українська Tiếng Việt West-Vlams Winaray 中文 Wysig skakels Die bladsy is laas op 3 Maart 2017 om 21:49 bygewerk. Die teks is beskikbaar onder die lisensie Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel . Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting. Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:a4ef6263-0d9a-4d85-a3ec-30711e5c27e4>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Linaceae
2019-07-23T03:01:23Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528687.63/warc/CC-MAIN-20190723022935-20190723044935-00453.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.982765
false
Outokefalie Outokefalie, van die Griekse woord αὐτοκεφαλία ("met ’n eie hoof"), is die status van ’n hiërargiese Christelike kerk waarvan die biskop of patriarg aan die hoof nie verantwoording hoef te doen aan ’n biskop of patriarg met ’n hoër gesag nie. Dit word veral in die Oosters-Ortodokse Kerk gebruik vir sy vyftien administratief selfregerende kerke, asook in die Oriëntaal-Ortodokse kerke. Wanneer ’n kerk wat onder ’n ander kerk val, outokefaal word, bly eersgenoemde kerk in volle gemeenskap met die res van die kerke in die groep, maar hy is nie meer ondergeskik aan die tweede kerk nie. So het die Georgies-Ortodokse Kerk in 466 sy outokefalie gekry van die patriargaat van Antiogië, en die Georgiese patriarg is dus sedertdien op gelyke voet met die patriarg van Antiogië. Die Grieks-Ortodokse Kerk van Noord-Amerika is ’n voorbeeld van ’n Oosters-Ortodokse kerk wat nie outokefaal is nie; dit val onder die patriarg van Konstantinopel. Outonomie[wysig | wysig bron] Outokefalie is een stap onder outonomie. ’n Kerk wat outonoom is, se hoof (aartsbiskop of patriarg) word deur die patriarg van die moederkerk aangestel, maar is in alle ander opsigte administratief selfregerend. Hoewel outokefaal ook "selfregerend" of "onafhanklik" beteken, kom die woord van die Griekse κεφαλή (kefale, "hoof") en dui dus daarop dat ’n liggaam sy eie hoof het, terwyl outonoom letterlik "selfwetgewend" beteken, van die Griekse woord νόμος (nomos, "wet"). Sien ook[wysig | wysig bron] - Ortodokse kerke in gemeenskap vir ’n lys van die Oosters-Ortodokse Kerk se outokefale kerke.
<urn:uuid:92bbab3e-9500-496c-9bfc-8e0e3aa67a80>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Outokefaal
2019-07-23T03:19:36Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528687.63/warc/CC-MAIN-20190723022935-20190723044935-00453.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99999
false
Verwante veranderings Jump to navigation Jump to search Tik 'n bladsynaam om veranderinge aan bladsye te sien wat daarvan of daarheen skakel. (Om inskrywings van 'n kategorie te sien, tik Kategorie:Naam van kategorie). Veranderinge aan bladsye op u dophoulys word in vetdruk aangedui. Lys van afkortings: - N - Met die wysiging is 'n nuwe bladsy geskep. (sien ook die lys van nuwe bladsye) - k - Hierdie is 'n klein wysiging - b - Hierdie wysiging is deur 'n bot gemaak - D - Wikidata-wysiging - (±123) - Bladsy is met die aantal grepe gewysig 21 Julie 2019 18 Julie 2019 - Frankryk; 10:07 +63 Voyageur →Geloof Etiket: 2017-bronwysiging k - Frankryk; 09:58 +323 Voyageur →Geloof Etiket: 2017-bronwysiging k - Frankryk; 09:53 +283 Voyageur →Geloof Etiket: 2017-bronwysiging k
<urn:uuid:0442cb78-c5b3-4b60-99c0-dc35150803c5>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:OnlangseVeranderingsMetSkakels/Albert_II_van_Monaco
2019-07-23T02:53:49Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528687.63/warc/CC-MAIN-20190723022935-20190723044935-00453.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999867
false
Hulp Bladsye wat na "Houtbok (astrologie)" skakel ← Houtbok (astrologie) Jump to navigation Jump to search Skakels hierheen Bladsy: Naamruimte: alle (Hoof) Bespreking Gebruiker Gebruikerbespreking Wikipedia Wikipediabespreking Lêer Lêerbespreking MediaWiki MediaWikibespreking Sjabloon Sjabloonbespreking Hulp Hulpbespreking Kategorie Kategoriebespreking Portaal Portaalbespreking Module Module talk Gadget Gadget talk Gadget definition Gadget definition talk Omgekeerde seleksie Filters Versteek insluitings | Versteek skakels | Versteek aansture Die volgende bladsye skakel na Houtbok (astrologie) : Wys (vorige 50 | volgende 50 ) ( 20 50 100 250 500 ). Gebruiker:Burgert Behr/Ruimte ( ← skakels wysig ) Bok (astrologie) ( ← skakels wysig ) Chinese astrologie ( ← skakels wysig ) Sjabloon:60-jaarsiklus ( ← skakels wysig ) Vuurrot (astrologie) ( ← skakels wysig ) Houtrot (astrologie) ( ← skakels wysig ) Aardrot (astrologie) ( ← skakels wysig ) Metaalrot (astrologie) ( ← skakels wysig ) Waterrot (astrologie) ( ← skakels wysig ) Houtos (astrologie) ( ← skakels wysig ) Vuuros (astrologie) ( ← skakels wysig ) Aardos (astrologie) ( ← skakels wysig ) Metaalos (astrologie) ( ← skakels wysig ) Wateros (astrologie) ( ← skakels wysig ) Vuurtier (astrologie) ( ← skakels wysig ) Aardtier (astrologie) ( ← skakels wysig ) Metaaltier (astrologie) ( ← skakels wysig ) Watertier (astrologie) ( ← skakels wysig ) Houttier (astrologie) ( ← skakels wysig ) Vuurkonyn (astrologie) ( ← skakels wysig ) Aardkonyn (astrologie) ( ← skakels wysig ) Metaalkonyn (astrologie) ( ← skakels wysig ) Waterkonyn (astrologie) ( ← skakels wysig ) Houtkonyn (astrologie) ( ← skakels wysig ) Aarddraak (astrologie) ( ← skakels wysig ) Metaaldraak (astrologie) ( ← skakels wysig ) Waterdraak (astrologie) ( ← skakels wysig ) Houtdraak (astrologie) ( ← skakels wysig ) Vuurdraak (astrologie) ( ← skakels wysig ) Aardslang (astrologie) ( ← skakels wysig ) Metaalslang (astrologie) ( ← skakels wysig ) Waterslang (astrologie) ( ← skakels wysig ) Houtslang (astrologie) ( ← skakels wysig ) Vuurslang (astrologie) ( ← skakels wysig ) Metaalperd (astrologie) ( ← skakels wysig ) Waterperd (astrologie) ( ← skakels wysig ) Houtperd (astrologie) ( ← skakels wysig ) Vuurperd (astrologie) ( ← skakels wysig ) Aardperd (astrologie) ( ← skakels wysig ) Metaalbok (astrologie) ( ← skakels wysig ) Waterbok (astrologie) ( ← skakels wysig ) Vuurbok (astrologie) ( ← skakels wysig ) Aardbok (astrologie) ( ← skakels wysig ) Wateraap (astrologie) ( ← skakels wysig ) Houtaap (astrologie) ( ← skakels wysig ) Vuuraap (astrologie) ( ← skakels wysig ) Aardaap (astrologie) ( ← skakels wysig ) Metaalaap (astrologie) ( ← skakels wysig ) Waterhaan (astrologie) ( ← skakels wysig ) Houthaan (astrologie) ( ← skakels wysig ) Wys (vorige 50 | volgende 50 ) ( 20 50 100 250 500 ). Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Houtbok_(astrologie) " Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Gereedskap Spesiale bladsye Drukbare weergawe Ander tale Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:c429e5c0-14bc-4125-b9a3-10d264f18858>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Houtbok_(astrologie)
2019-07-23T03:42:43Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528687.63/warc/CC-MAIN-20190723022935-20190723044935-00453.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.996204
false
Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/14 September Jump to navigation Jump to search - 1752 – Die Britse Ryk neem die Gregoriaanse kalender aan en slaan elf dae oor (2 September is in dié jaar direk gevolg deur 14 September). - 1901 – Theodore Roosevelt word president van die Verenigde State van Amerika ná die sluipmoord op William McKinley. - 1959 – 'n Nuwe era van navorsing oor die maan en sy oppervlak begin ná die beplande neerstorting van die Sowjet-ruimtetuig Lunik-2 naby die Autolycus-krater. - 1982 – Prinses Grace van Monaco sterf aan haar beserings ná 'n motorongeluk. - 1989 – FW de Klerk volg PW Botha op as Staatspresident van Suid-Afrika.
<urn:uuid:d3530c70-5e4b-4c5a-8d27-9b577985ecb7>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Wikipedia:Uitgesoekte_herdenkings/14_September
2019-07-23T02:56:29Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528687.63/warc/CC-MAIN-20190723022935-20190723044935-00453.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999362
false
1 November datum << | November 2018 | >> | |||| So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa | 1 | 2 | 3 | |||| 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 | | Al die dae | Inhoud GebeureWysig - 837 – Pous Gregorius IV stel Allerheilige feesdag in. - 1503 – Pous Julius II volg Pous Pius III op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk. - 1512 – Die plafon van die Sistynse Kapel, deur Michelangelo geskilder, word vir die eerste keer aan die publiek ten toon gestel. - 1521 – Die Straat van Magellaan, die seestraat net suid van die Suid-Amerikaanse vasteland wat die Stille- en die Atlantiese Oseane met mekaar verbind, word vir die eerste keer deur Ferdinand Magellaan deurvaar. - 1604 – Die tragedie van William Shakespeare, Othello, word vir die eerste keer by die Paleis van Whitehall in Londen opgevoer. - 1610 – Pous Paulus V verklaar Charles Borromeo heilig. - 1611 – Die romantiese komedie van William Shakespeare, The Tempest, word vir die eerste keer by die Whitehall Paleis in Londen opgevoer. - 1658 – Pous Alexander VII verklaar Thomas van Villanova heilig. - 1683 – Die Britse kroonkolonie van New York word onderverdeel in 12 graafskappe. - 1745 – Pous Benedictus XIV publiseer Vix Pervenit oor woekerwins en ander oneerlike wins. - 1755 – Lissabon in Portugal word vernietig deur ’n geweldige aardbewing en tsunami. Na raming het tussen sestig- tot negentigduisend mense gesterf. - 1765 – Die Britse Parlement vaardig die Seëlwet uit in die 13 kolonies om die Britse militêre aksies in Noord-Amerika te help finansier. - 1800 – Die Amerikaanse president, John Adams, neem sy intrek in die presidensiële woning, alombekend as die Withuis. - 1848 – Die eerste mediese skool vir vroue (Boston Female Medical School) open in Boston, Massachusetts. - 1859 – Sardinië-Frankryk en Oostenryk teken ´n vredesooreenkoms in Zürich - 1861 – Amerikaanse Burgeroorlog: Die President van die V.S.A., Abraham Lincoln stel George McClellan aan as bevelvoerder van die Unie weermag. Hy vervang Winfield Scott, reeds in gevorderde leeftyd. - 1876 – Nieu-Seeland se provinsiale regeringstelsel word gestaak. - 1894 – Die Russiese Tsaar Aleksander III sterf en word deur sy seun Nikolaas II opgevolg. - 1902 – By Glentana word 'n droogdok bo-op 'n skerp rots neergesit, die Doks van Glentana. - 1914 – Eerste Wêreldoorlog: Die Slag van Coronel vind plaas. Dit is die eerste Britse nederlaag van diè oorlog. - 1918 – Noord-Jemen word van die Ottomaanse Ryk onafhanklik. - 1918 – ’n Treinongeluk in New York eis die lewens van 93 mense. - 1922 – Die Ottomaanse Ryk kom tot ’n einde toe die laaste sultan abdikeer. - 1943 – Tweede Wêreldoorlog: Operasie Goodtime word van stapel gestuur met die Amerikaanse inval te Bouganville in die Solomon-eilande. - 1950 – Die NG gemeente Marondera as Marandellas in die huidige Zimbabwe gestig. - 1950 – Pous Pius XII verkondig die dogma van Maria se hemelopneming. - 1950 – Sluipmoordpoging van die Puerto Rikaanse nasionaliste Griselio Torresola en Oscar Collazo op die President van die Verenigde State, Harry S. Truman. - 1952 – Operation Ivy: Die VSA se eerste suksesvolle waterstofbomontploffing met die kodenaam “Mike” [“m” vir megaton], te Eniwetok-eiland op die Bikini-atol in die Stille Oseaan. - 1954 – Die Front de Libération Nationale begin die Algerynse Onafhanklikheidsoorlog teen Franse heerskappy, met guerrilla-aanvalle in verskeie dele van Algerië. - 1955 – ’n United Airlines DC-6B ontplof midde-in vlug en stort te Longmont, Colorado neer, met 44 insittendes wat te sterwe kom. - 1955 – Die Viëtnamoorlog breek tussen die Noord- en Suid-Viëtnamese weermagte uit. - 1960 – Die Amerikaanse president, John F. Kennedy, stel sy idee van ’n vredeskorps bekend tydens sy verkiesingsveldtog. - 1963 – Die Arecibo-observatorium, met die wêreld se grootste radioteleskoop, word amptelik in gebruik geneem in Arecibo, Puerto Rico. - 1969 – Na sewe jaar aan die bopunt van die gewildheidsleer, bereik Elvis Presley se liedjie Suspicious Minds die nommer een-posisie op Billboard Music se trefferlys. - 1973 – Watergateskandaal: Leon Jaworski word aangestel as die nuwe spesiale aanklaer vir die Watergate-ondersoek. - 1981 – Antigua en Barbuda verkry hulle onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk van Brittanje. - 1993 – Die Maastrichtverdrag tree in werking en die Europese Unie word amptelik gestig. - 1998 – Die Europese Hof vir Menseregte word ingestel. GeboortesWysig - 1778 – Gustav IV Adolf van Swede († 1837). - 1798 – Sir Benjamin Guinness, Ierse bierbrouer en filantroop († 1868). - 1801 – Vincenzo Bellini, Italiaanse komponis († 1835). - 1835 – Sir George Pomeroy Colley, 'n Britse soldaat en Goewerneur van Natal, sterf tydens die Slag van Majuba († 1881). - 1855 – Folkert Wilko Hesse, ’n Suid-Afrikaanse argitek van Nederlandse herkoms († 1923). - 1867 – Dr. Hendrik Petrus van der Merwe, Afrikaanse kerkleier († 1926). - 1871 – Stephen Crane, Amerikaanse joernalis, skrywer en digter († 1900). - 1877 – Roger Quilter, Britse komponis († 1953). - 1880 – Alfred Wegener, Duitse meteoroloog en geofisikus († 1930). - 1880 – Sholom Asch, Pools-Amerikaanse skrywer († 1957). - 1886 – Hermann Broch, Oostenrykse skrywer († 1951) - 1889 – Mabel Jansen, Suid-Afrikaanse opvoedkundige, joernalis, skrywer en politikus. († 1979). - 1892 – Alexander Alekhine, Russiese skaakspeler († 1946). - 1902 – Eugen Jochum, Duitse dirigent († 1987). - 1923 – Gordon R. Dickson, Kanadese skrywer († 2001). - 1923 – Victoria de los Angeles, Spaanse sopraan († 2005). - 1929 – Betsy Palmer, Amerikaanse aktrise. - 1929 – Roy Dryburgh, Suid-Afrika se agt-en-twintigste Springbokkaptein († 2000). - 1934 – William Mathias, Walliese komponis († 1992) - 1935 – Gary Player, Suid-Afrikaanse gholfspeler. - 1940 – Ramesh Chandra Lahoti, Indiese juris, Hoofregter van Indië. - 1943 – Salvatore Adamo, Belgies-Italiaanse sanger. - 1952 – Larry Flynt, Amerikaanse tydskrifuitgewer. - 1957 – Lyle Lovett, Amerikaanse sanger, liedjieskrywer, platevervaardiger en akteur. - 1962 – Antony Kiedis, Amerikaanse sanger, liedjieskrywer en akteur (Red Hot Chili Peppers). - 1963 – Rick Allen, Britse tromspeler (Def Leppard). - 1967 – Sophie B. Hawkins, Amerikaanse sangeres, liedjieskrywer en kitaarspeler. - 1972 – Anrich Herbst, Suid-Afrikaanse TV- en filmakteur SterftesWysig - 1783 – Carolus Linnaeus, Sweedse plantkundige en bioloog (* 1741). - 1903 – Theodor Mommsen, Duitse politikus, skrywer en ontvanger van die Nobelprys vir Letterkunde, 1902 (* 1817). - 1904 – Willem Eduard Bok, Transvaalse staatsekretaris, na wie Boksburg genoem is (* 1846). - 1956 – Pietro Badoglio, Italiaanse soldaat en staatsman (* 1871). - 1956 – Gideon Brand van Zyl, Suid-Afrikaanse politikus en sewende Goewerneur-generaal van Suid-Afrika (1946–1950) (* 1873). - 1972 – Ezra Pound, Amerikaanse digter (* 1885). - 1979 – Mamie Eisenhower, Eerste Dame van Amerika (* 1896). - 1982 – King Vidor, Amerikaanse rolprentregisseur (* 1894). - 1982 – James Broderick, Amerikaanse akteur (* 1927). - 1985 – Phil Silvers, Amerikaanse akteur en komediant (* 1911). - 2016 – Nico Carstens, 'n Suid-Afrikaanse trekklavierspeler, komponis en boereorkesleier (* 1926). VakansiedaeWysig - Wêreldvegetariërdag - Rooms-Katolieke Kerk – Heilige dag van Verskuldiging, Allerheilige. - Vakansiedag in Spanje, Italië en Kroasië. - Lá Samhna, die tradisionele eerste dag van die Winter in moderne Ierland, sien ook Samhain. - Meksiko en die Verenigde State – Dag van die Dooies. Wikimedia Commons bevat media in verband met 1 November. |
<urn:uuid:e0120712-9e73-4436-b60a-4cc4473b9d8b>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/1_November
2019-07-15T17:56:51Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195523840.34/warc/CC-MAIN-20190715175205-20190715200251-00067.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998856
false
Maria Maria, Grieks: Μαριαμ - Mariam, Aramees en Hebreeus: מרים - Myriam, (gebore 1ste eeu v.C., gestorwe 1ste eeu n.C.) is volgens die Nuwe Testament die moeder van Jesus van Nasaret. Volgens Markus 1:9 het sy as gelowige Israeliet met haar man Josef en ander familielede in Nasaret, 'n klein dorp in Galilea geleef. In die Evangelie volgens Matteus[1] en die Evangelie volgens Lukas[2] van die Nuwe Testament staan geskryf dat Maria as maagd[3] deur die Heilige Gees bevrug is. In die vierde eeu is die geloof in 'n letterlike maagdelike swangerskap van Maria verder uitgebrei om maagdskap ook tydens die geboorte in te sluit. Die Rooms-Katolieke en die Oosters-Ortodokse Kerke het 'n dogma van ewige maagdskap rondom dié teksvers ontwikkel, alhoewel Jesus van Nasaret volgens die Nuwe Testament susters en broers gehad het.
<urn:uuid:a9cbd8f3-cd24-4f8b-aff9-d2473f96f411>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Maria
2019-07-15T18:46:56Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195523840.34/warc/CC-MAIN-20190715175205-20190715200251-00067.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999982
false
Sandpatryse Sandpatryse | |||||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Dubbelbandsandpatrys (Pterocles bicinctus) | |||||||||||||| Wetenskaplike klassifikasie | |||||||||||||| Genera | |||||||||||||| Hoewel hulle baie soos hoenders lyk, word sandpatryse in 'n aparte biologiese orde van sandpatrysagtiges (Pteroclidiformes) ingedeel. Sandpatryse lewe in die droë gebiede van Afrika en Asië. Ten spyte dat hulle goed teen droogte aangepas is, moet hulle ten minste een keer per dag drink. Volwasse voëls kan maklik na drinkplekke vlieg, maar hul kuikens kan nie. Die ouers doop hul borsvere in die water totdat dit deurdrenk is, en vlieg dan na hulle kuikens terug om hulle te laat drink. Taksonomie[wysig | wysig bron] - Genus Pterocles - Pterocles alchata - Pterocles bicinctus - Dubbelbandsandpatrys - Pterocles burchelli - Gevlekte sandpatrys - Pterocles coronatus - Pterocles decoratus - Pterocles exustus - Pterocles gutturalis - Geelkeelsandpatrys - Pterocles indicus - Pterocles lichtensteinii - Pterocles namaqua - Kelkiewyn - Pterocles orientalis - Pterocles personatus - Pterocles quadricinctus - Pterocles senegallus - Genus Syrrhaptes Sien ook[wysig | wysig bron] - Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls - Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) - Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
<urn:uuid:03ad1594-d93e-455f-a55d-d6141b6b53ea>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Pteroclididae
2019-07-16T23:08:45Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00237.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.992043
false
Hulp Bladsye wat na "65" skakel ← 65 Jump to navigation Jump to search Skakels hierheen Bladsy: Naamruimte: alle (Hoof) Bespreking Gebruiker Gebruikerbespreking Wikipedia Wikipediabespreking Lêer Lêerbespreking MediaWiki MediaWikibespreking Sjabloon Sjabloonbespreking Hulp Hulpbespreking Kategorie Kategoriebespreking Portaal Portaalbespreking Module Module talk Gadget Gadget talk Gadget definition Gadget definition talk Omgekeerde seleksie Filters Versteek insluitings | Versteek skakels | Versteek aansture Die volgende bladsye skakel na 65 : Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). 1ste eeu ( ← skakels wysig ) 165 ( ← skakels wysig ) 55 ( ← skakels wysig ) 60 ( ← skakels wysig ) 61 ( ← skakels wysig ) 62 ( ← skakels wysig ) 63 ( ← skakels wysig ) 64 ( ← skakels wysig ) 66 ( ← skakels wysig ) 67 ( ← skakels wysig ) 68 ( ← skakels wysig ) 69 ( ← skakels wysig ) 70 ( ← skakels wysig ) 75 ( ← skakels wysig ) 12 April ( ← skakels wysig ) 19 April ( ← skakels wysig ) Lucius Annaeus Seneca ( ← skakels wysig ) Bespreking:65 ( ← skakels wysig ) Houtos (astrologie) ( ← skakels wysig ) Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/65 " Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Gereedskap Spesiale bladsye Drukbare weergawe Ander tale Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:c98f35c2-23ee-4a13-91c5-103f17e73e35>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/65
2019-07-16T23:02:43Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00237.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999203
false
=== Loopbaan as akademikus en in die koerantbedryf === Vanaf die begin van 1944 word hy aangestel as hoogleraar in Afrikaans-Nederlands aan die [[Rhodes-universiteit|Rhodes Universiteitskollege]] in [[Grahamstad]]. In dieselfde jaar tree hy in Melville in [[Johannesburg]] in die huwelik met die komponis [[Rosa Nepgen|Rosa Sophia Cornelia Nepgen]] van [[Barkly-Oos]], ’n huwelik waaruit twee seuns gebore word, Johannes en Paul. Saam met N.P. van Wyk Louw en H.A. Mulder rig hy in 1945 die onafhanklike blad ''Standpunte'' op en hy tree ook geruime tyd op as redaksie-sekretaris van hierdie blad. Aan die einde van 1948 vertrek hy op ’n ses maande lange oorsese reis. Op Grahamstad speel hy ’n belangrike rol in die klein Afrikaanse gemeenskap en is die dryfkrag agter die stigting in 1956 van ’n plaaslike Afrikaanse skool, Hoërskool P.J. Olivier. Wanneer die koshuis van hierdie skool later gebou word, kry dit die naam van Huis W.E.G. Louw. Deur sy bemiddeling kom die Vlaamse letterkundige Rob Antonissen in 1951 na Suid-Afrika en word hy aangestel as dosent aan Rhodes Universiteit en volg Louw as hoogleraar op wanneer hy besluit om die professoraat in 1957 te laat vaar. Hy verhuis in 1957 na [[Oranjezicht]] in Kaapstad, waar hy kunsredakteur word van ''Die Burger'', ’n betrekking wat hy tot einde Desember 1966 beklee. In hierdie kapasiteit skryf hy gereeld self artikels oor musiek en die skilderkuns en lewer toneel, rolprent en letterkundige kritiek, terwyl hy elke week ’n kort essay skryf wat Saterdae as die hoofartikel in die blad verskyn. Hy redigeer en skryf verskeie artikels en reekse waarin hy die belangstelling van die lesers in die letterkunde prikkel, soos byvoorbeeld ''Omgang met poësie'' van 19 Mei 1959 en die ''Euwel van die voorgeskrewe boek''. Hy redigeer ook bylaes van kulturele aard, soos die ''Wonder van Afrikaans'' bylae wat op 16 April 1959 in ''Die Burger'', ''Die Volksblad'' en ''Die Oosterlig'' verskyn het, met bydraes van onder andere M.E.R., N.P. van Wyk Louw, D.J. Opperman en Boerneef.
<urn:uuid:6927c74d-d8fb-47aa-925f-f2dede0cb5d1>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/1993471
2019-07-20T15:34:08Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526536.46/warc/CC-MAIN-20190720153215-20190720175215-00157.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999992
false
Beenmurg In die mediese vakterminologie verwys beenmurg (Latyn: medulla ossium) na die sagte massa wat die holtes in die beendere vul. Dit bestaan uit bindweefsel met 'n groot hoeveelheid vet- en murg-selle. Die rooi en wit bloed-liggaampies word in die beenmurg vervaardig. Sien ook[wysig | wysig bron] - Beenmurgontsteking (osteomiëlitis)
<urn:uuid:3568706f-646e-4cc6-8baf-ac481687d3ea>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Beenmurg
2019-07-23T02:56:03Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528687.63/warc/CC-MAIN-20190723022935-20190723044935-00477.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999883
false
Boipatong Boipatong | | Koördinate: Koördinate: | | Land | Suid-Afrika | ---|---| Provinsie | Gauteng | Stigting | 1955 | Bevolking (2011) | | - Dorp | 22 168 | Tydsone | SAST (UTC+2) | Boipatong is 'n township in suidelike Gauteng, Suid-Afrika. Dit is in 1955 gestig. Volgens die 2011-sensus het die township 'n bevolking van 22 168 gehad.[1] Die meerderheid van die bevolking praat Suid-Sotho. Die plek se naam beteken "wegkruipplek" in Suid-Sotho. Boipatong-slagting[wysig | wysig bron] Die Boipatong-slagting het die nag van 17 Junie 1992 hier plaasgevind. Tydens die slagting het honderde plaaslike hostelbewoners van die IVP, ondersteuners van die ANC in die woongebied aangeval. Altesaam 45 mense is in die voorval gedood en 'n verdere 27 is ernstig beseer. Lede van die destydse SA Polisiediens is van betrokkenheid verdink. Ná dié slagting is samesprekings tussen die ANC en die Nasionale Party-regering opgeskort, maar dit is na die Bhisho-slagting in September van dieselfde jaar hervat.[2]
<urn:uuid:63ae41fc-bd52-476f-9a27-cc4271c92d67>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Boipatong
2019-07-23T03:10:01Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528687.63/warc/CC-MAIN-20190723022935-20190723044935-00477.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999979
false
Jack Lewis (draaiboekskrywer) Jack Lewis | | Geboorte | 13 November 1924 | ---|---| Nasionaliteit | Amerikaans | Sterfte | 24 Mei 2009 (op 84) | Beroep(e) | Skrywer en akteur | Internet-rolprentdatabasis-profiel | Jack Lewis (13 November 1924 – 24 Mei 2009) was 'n Amerikaanse skrywer en akteur. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente The Amazing Transparent Man (1960), Secret File: Hollywood (1962), en What's Up, Tiger Lily? (1966), en in die televisiereeks Matinee Theatre (1955). Filmografie[wysig | wysig bron] Rolprente[wysig | wysig bron] - 1950: Outlaw Gold - 1950: King of the Bullwhip - 1951: Whistling Hills - 1956: Naked Gun - 1960: The Amazing Transparent Man - 1962: Secret File: Hollywood - 1964: A Yank in Viet-Nam - 1965: Black Eagle of Santa Fe - 1966: What's Up, Tiger Lily? - 1966: Billy the Kid Versus Dracula Televisiereekse[wysig | wysig bron] - 1955: Matinee Theatre
<urn:uuid:234e77b8-c291-4f1c-b134-bffb6d0e9cc3>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Jack_Lewis_(draaiboekskrywer)
2019-07-23T03:09:37Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528687.63/warc/CC-MAIN-20190723022935-20190723044935-00477.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.990149
false
ses-en-negentigste Jump to navigation Jump to search Inhoud Telwoord | ---| ses-en-negentigste | - Rangtelwoord van ses-en-negentig. - Sy het ses-en-negentigste in die wedloop geëindig. - 96ste of 96e Vertalings: ses-en-negentigste | ||| ---|---|---|---|
<urn:uuid:eee3f923-cd8a-4cb5-8ea2-d3a6827bc6ff>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wiktionary.org/wiki/ses-en-negentigste
2019-07-23T04:09:36Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528687.63/warc/CC-MAIN-20190723022935-20190723044935-00477.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.948851
false
Hoogduitse tale Die Hoogduitse tale of Hoogduitse dialekte (Duits: Hochdeutsch) is enige van die varieëteite van Standaard Duits, Luxemburgs en Jiddisj sowel as die plaaslike Duitse dialekte wat in sentraal en suidelike Duitsland, in Oostenryk, in Liechtenstein, in Switserland, in Luxemburg en in naburige dele van België, Frankryk (Elsas en noordelike Lotaringe), Italië en Pole gepraat word. Dit word ook in voormalige koloniale nedersettings soos byvoorbeeld in Roemenië (Transsilvanië), Rusland, Verenigde State en Namibië gepraat. Hoogduitse tale Hoogduitse dialekte ---|---| Geografiese verspreiding: | Middel- en Suid-Duitsland, Liechtenstein, Luxemburg, Noord- en Sentraal-Switserland, Oostenryk, Pole, Elsas en Suid-Tirool | Genetiese klassifikasie: | Indo-Europees Germaans Hoogduitse tale | Onderafdelings: | | Die Hoogduitse tale is 'n onderafdeling van die Wes-Germaanse tale | "Hoog" verwys na die bergagtige dele van sentraal en suidelike Duitsland en die Alpe, teenoor Nederduits wat 'n die plat kusgebiede van die noorde gepraat word. Hoogduits kan onderverdeel word in Opperduits en Middelduits (Oberdeutsch, Mitteldeutsch). Die Duitse term Hochdeutsch word ook losweg gebruik, maar nie deur taalkundiges nie, om na standaard geskrewe Duits te verwys in teenstelling met die dialekte, omdat die standaard taal uit Hoogduits eerder as Nederduits ontwikkel het. Inhoud GeskiedenisWysig Hoogduits soos in Suidelike Duitsland, Beiere en Oostenryk gepraat was 'n belangrike basis vir die ontwikkeling van standaard Duits. KlassifikasieWysig Hoogduits word van ander Wes-Germaanse varieëteite onderskei deur die deelname daarvan in die Tweede Germaanse klankverskuiwing (c. n.C 500). Om dit waar te neem, vergelyk Duits Pfanne met Afrikaans en Engels pan ([pf] na [p]), Duits zwei met Afrikaans twee en Engels two ([ts] na [t]), Duits machen met Afrikaans maak en Engels make ([x] na [k]). In die Hoogalemanniese dialekte is daar 'n verdere verskuiwing; Sack (soos Engels "sack") word uitgespreek as [z̥akx] ([k] to [kx]). StamboomWysig Let daarop dat die skeiding tussen subfamilies van Germaans meestal nie presies gedefinieer kan word nie; meeste vorm kontinue gradiënte, met naburige dialekte wat onderling verstaanbaar is en die wat verder van mekaar is nie. In besonder was daar nooit 'n oorspronklike "Proto-Hoogduits" nie. Om die en ander redes is die ideë om die verwantskap tussen die Wes-Germaanse taalvorms enigsins in 'n boom diagram voor te stel onder taalkundiges omstrede; die onderstaande verdeling moet dus met die voorbehoud gelees word: - Middelduits (Duits: Mitteldeutsch) - Oos-Middelduits - Transsilvanies-Saksiese (in Transsilvanië) - Wes-Middelduits - Oorgangsgebiede tussen Middelduits en Opperduits - Pennsilvaniese Duits ("Deitsch", in die Verenigde State en Kanada) - Opperduits (Duits: Oberdeutsch) - Alemannies - Oostenryks-Beiers (Vir die gebruik van dialekte en Standaardduits in Oostenryk sien Oostenrykse taak) - Noordelike Oostenryks-Beiers (gepraat in Opper-Palts) - Middel-Oostenryks-Beiers (sluit in die dialekte van Opper-Beiere, Neder-Beiere, Opper-Oostenryk, Neder-Oostenryk en Wene — sien Weense taal) - Suidelike Oostenryks-Beiers (sluit in die dialekte van Tirool, Karinthië en Stiermarke) - Kimbries (noordoostelike Italië) - Mócheno (Trentino, in Italië) - Hutteriese Duits (Duits: Hutterisch) in Kanada en die Verenigde State - Jiddisj Eksterne skakelsWysig Wikimedia Commons bevat media in verband met Hoogduitse tale. | - ( ) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, High German". Ethnologue. Besoek op 30 Maart 2018. - ( ) Hedendaagse Duitse dialekte
<urn:uuid:ea4e3e83-2fd0-47cd-b9f1-6b728ae3721c>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Hoogduitse_tale
2019-07-15T18:40:23Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195523840.34/warc/CC-MAIN-20190715175205-20190715201205-00101.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999027
false
Bruinwewer Die Bruinwewer (Ploceus rubiginosus) is 'n gelokaliseerde, algemene standvoël en gedeeltelike trekvoël in dorre savanne en grasagtige boomveld. Hulle broei in groot kolonies in bome in 'n slordige nes met 'n kort ingangstonnel. Die voël is poliginies. Die voël is 15 cm groot en weeg 25 - 37 gram. In Engels staan die voël bekend as die Chestnut Weaver. Bruinwewer | |||||||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Mannetjie | |||||||||||||||| Bewaringstatus | |||||||||||||||| Wetenskaplike klassifikasie | |||||||||||||||| Binomiale naam | |||||||||||||||| Ploceus rubiginosus Rüppell, 1840 | Sien ookWysig Wikimedia Commons bevat media in verband met Ploceus rubiginosus. | BronWysig VerwysingsWysig - BirdLife International (2012). "Ploceus rubiginosus". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.
<urn:uuid:a9ef3ec4-826e-41dd-be23-45cb98063440>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Ploceus_rubiginosus
2019-07-15T18:06:55Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195523840.34/warc/CC-MAIN-20190715175205-20190715201205-00101.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.9911
false
Becquerel Die becquerrel is die SI eenheid vir die aktiwiteit van 'n radio-aktiwiteit en het die simbool "Bq". Die naam "becquerel" is in 1975 deur die BIPM te ere van die Franse fisikus Henri Becquerel toegeken. Dit is gedefinieer as die gemiddelde aantal radio-aktiewe disintegrasies per sekonde. Dus het die becquerel die dimensie s-1. Al is hierdie dimensie dieselfde as die dimensie van die SI-eenheid vir frekwensie, die hertz, word die eenheid "hertz" gebruik om gereelde gebeurtenisse te meet, maar 'n radio-aktiewe disintegrasie is 'n ewekansige gebeurtenis.
<urn:uuid:173a0268-1945-422b-9adf-55d14654ad46>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Becquerel
2019-07-16T23:04:12Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00261.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999892
false
Vulcanus Vulcanus | | ---|---| Romeinse god | | Vulcanus, deur Rubens. Naam | Vulcanus | God van | Vuur (van onder meer vulkane, metaalwerk en die smeltoond) | Ouers | Jupiter en Juno | Simbool | Hamer | Fees | Vulcanalia | Gades | Maia en Venus | Griekse eweknie | Hefaistos | Vulcanus is die Romeinse god van vuur,[1] insluitende die vuur van vulkane, metaalwerk en die smeltoond. Hy word dikwels uitgebeeld met die hamer van ’n grofsmid.[2] Die Vulcanalia was die jaarlikse fees van antieke Rome wat op 23 Augustus ter ere van hom gehou is. Vulcanus behoort tot die mees antieke tydperk van die Romeinse godsdiens: Varro, die antieke Romeinse geleerde en skrywer, haal die Annales Maximi aan wanneer hy vertel koning Titus Tatius het altare aan ’n reeks gode opgedra; een van hulle was Vulcanus.[3] Inhoud Etimologie[wysig | wysig bron] Die oorsprong van die naam is onbekend. Volgens die Romeinse tradisie hou dit verband met die Latynse woorde vir "weerlig" (fulgur, fulgere, fulmen), wat weer verbind word met "vlamme".[4] Sommige geleerdes glo die naam is nie Latyn nie, maar kom van die Kretiese god Velchanos, ’n god van die natuur en onderwêreld.[5] Aanbidding[wysig | wysig bron] Vulcanus se oudste tempel, die Vulcanal, was aan die voet van die Kapitolynse Heuwel in Rome geleë en dateer na bewering uit die argaïese tydperk van die konings van Rome.[6][7] Dit is glo omstreeks die 8ste eeu v.C. daar laat bou deur Titus Tatius,[8] die Sabynse medekoning. Dit is ook hier waar die Volcanalia, die fees ter ere van die god, elke jaar op 23 Augustus gehou is.[6] Nog ’n tempel van Vulcanus het teen 214 v.C. bestaan[1][9] Die Romeine identifiseer Vulcanus met die Griekse grofsmid-god Hefaistos.[10] Vulcanus is nes sy Griekse eweknie verbind met die konstruktiewe gebruik van vuur in metaalwerk. ’n Fragment van ’n Griekse pot uit omstreeks die 6de eeu v.C. wat Hefaistos uitbeeld, is by die Volcanal gevind – dit dui daarop die twee gode is toe al met mekaar verbind.[7] Vulcanus het egter ’n sterker verbintenis as Hefaistos gehad met die destruktiewe vermoë van vuur, en sy aanbidders het hom voortdurend gevra om skadelike brande te voorkom. Vulcanalia[wysig | wysig bron] Vulcanalia | | ---|---| Feesdag | | Soort | Romeins, histories | Gehou deur | Antieke Rome | Datum | 23 Augustus | Vierings | Vure ter ere van Vulcanus Offerandes van vis | Vulcanus se feesdag, die Vulcanalia, is elke jaar op 23 Augustus gehou, wanneer gewasse en graanskure die grootste gevaar geloop het om te brand weens die somerhitte.[1][11] Tydens die fees is vure aangesteek ter ere van die god, en visse of klein diertjies is daarin gegooi as offerandes; hulle moes brand in die plek van mense.[12] Die Vulcanalia was deel van ’n siklus van vier feeste wat in die tweede helfte van Augustus gehou is (Consualia op 21, Volcanalia op 23, Opiconsivia op 25 en Volturnalia op 27 Augustus) met betrekking tot landboubedrywighede van dié maand. Dit het ooreenkomste getoon met feeste in die tweede helfte van Julie (Lucaria op 19 en 21, Neptunalia op 23 en Furrinalia op 25 Julie), wat verband gehou het met die ongetemde natuur (woude) en waters. Daar is getuienis dat mense op die dag van die Vulcanalia klere en ander materiaal in die son gehang het.[13] Dit weerspieël dalk ’n teologiese verband tussen Vulcanus en die vergoddelikte son.[14] Nog ’n gewoonte was om op dié dag by kerslig te begin werk, waarskynlik om ’n voordelige gebruik van vuur deur die god gunstig te stem.[15] Vulcanus was een van die gode wat gepaai is ná die Groot Brand van Rome in 64 n.C.[17] Domitianus (keiser van 81 tot 96) het ’n nuwe altaar vir die god laat bou en ’n rooi kalf en rooi wildevark is gevoeg by die diere wat op die Vulcanalia geoffer is, ten minste in daardie deel van die stad.[18] Griekse mites van Hefaistos[wysig | wysig bron] Vanweë sy identifikasie met Hefaistos van die Griekse mitologie, is Vulcanus beskou as die vervaardiger van kunswerke, wapens, juweliersware en die wapentuig van verskeie gode, onder meer Jupiter se weerligstrale. Hy was die seun van Jupiter (Zeus) en Juno (Hera), en die man van Maia en Venus (Afrodite). Daar word geglo sy smidswinkel was onder Berg Etna in Sisilië geleë. As die seun van die koning en koningin van die gode moes Vulcanus eintlik baie aantreklik gewees het, maar as baba was hy so klein en lelik dat Juno hom van Berg Olimpus afgegooi het. Vulcanus het ’n dag en nag lank deur die lug getrek en in die see geval. Ongelukkig het een van sy bene gebreek toe hy die water tref en dit het nooit heeltemal ontwikkel nie. Vulcanus het afgesak na die seebodem, waar die seenimf Thetis hom gekry en na haar onderwatergrot geneem het om groot te maak. Vulcanus het ’n gelukkige kindertyd gehad met dolfyne as speelmaats en pêrels as speelgoed. Laat in sy jeug het hy die oorblyfsels van ’n visserman se vuur op die strand ontdek en was hy gefassineer deur ’n kooltjie wat steeds rooiwarm gegloei het. Vulcanus het die kooltjie versigtig in ’n mosselskulp toegemaak en dit na sy onderwatergrot geneem, waar hy ’n vuur daarmee gemaak het. Op die eerste dag het hy ure na die vuur gestaar, op die tweede dag het hy gesien as hy die vuur warmer blaas, bring sekere klippe yster, silwer en goud voort, en op die derde dag het hy die metaal in vorms geslaan: armbande, kettings, swaarde en skilde. Hy het vir sy grootmaakma messe en lepels met pêrelhandvatsels gemaak, en vir homself ’n silwerkoets sodat seeperdjies hom vinnig kon rondtrek. Eendag het Thetis ’n ete op Berg Olimpus bygewoon met ’n pragtige halssnoer van silwer en saffiere wat Vulcanus vir haar gemaak het. Juno het dit bewonder en gevra waar sy een kan kry. Thetis het senuagtig begin raak en dit het Juno agterdogtig gemaak. Eindelik het die godin die waarheid uitgevind: dat die baba wat sy eens verwerp het, nou ’n talentvolle smid is. Juno was woedend en het geëis dat Vulcanus dadelik huis toe kom, maar hy het geweier. Hy het egter vir Juno ’n pragtige stoel gestuur wat hy van silwer, goud en perlemoeninlegsels gemaak het. Juno was in haar noppies met die geskenk, maar toe sy daarop gaan sit, het haar gewig versteekste vere en metaalbande laat losgaan wat haar vasgeknel het. Hoe meer sy geskree en gewriemel het, hie stewiger het die meganiese troon haar vasgeknyp; die stoel was ’n slim ontwerpte valstrik.[19] Drie dae lank het Juno gesmeul van woede terwyl sy in die stoel vassit; sy kon nie eet of slaap of strek nie. Eindelik het Jupiter haar gered; hy het belowe dat as Vulcanus Juno laat gaan, hy vir hom Venus, die godin van liefde en skoonheid, as vrou sou gee. Vulcanus het ingestem en met Venus getrou. Hy het later sy smidswinkel onder Berg Etna gebou. Wanneer hy kwaad was oor Venus se ontrou, het hy glo die rooiwarm metaal so hard geslaan dat vonke en rook uit die spits van die berg gekom en ’n vulkaniese uitbarsting veroorsaak het. Om die mensdom te straf omdat hulle die geheime van vuur gesteel het, het Jupiter die ander gode opdrag gegee om ’n giftige geskenk vir die mens te maak. Vulcanus se bydrae tot die mooi, dom Pandora was om haar uit klei te vorm. Hy het ook die trone van die ander gode op Berg Olimpus gemaak. Verwysings[wysig | wysig bron] - Georges Dumézil (1996) [1966]. Archaic Roman Religion: Volume One. trans. Philip Krapp. Baltimore: Johns Hopkins University Press. pp. 320–321. ISBN 0-8018-5482-2. - Corbishley, Mike "Ancient Rome" Warwick Press 1986 Toronto. - Varro De Lingua Latina V, X. - Varro Lingua Latina V, 10. - Arthur B. Cook Zeus: a study in Ancient religion 1925 Vol. II, pp. 945 ff. - Samuel Ball Platner (1929). "Volcanal". A Topographical Dictionary of Ancient Rome. Londen: Oxford University Press. 583–584. URL besoek op 2007-07-28. - Beard, Mary; John North; Simon Price (1998). Religions of Rome Volume 2: A Sourcebook. Cambridge: Cambridge University Press. pp. no. 1.7c. ISBN 0-521-45015-2. - Dionysius of Halicarnassus, II.50.3; Varro V.74. - Livius, Ab Urbe Condita Libri 24.10.9. - Larousse Desk Reference Encyclopedia, The Book People, Haydock, 1995, p. 215. - W. Warde Fowler (1899). The Roman Festivals of the Period of the Republic: An Introduction to the Study of the Religion of the Romans. Londen: Macmillan and Co. pp. 123–124, 209–211. ISBN 0-548-15022-2. Besoek op 2007-07-28. - Festus, On the Meaning of Words, s.v. "piscatorii ludi"; Varro, On the Latin Language 6.3. - Paulinus van Nola, Letters XXXII, 139. - G. Dumezil Fetes romaines d'étè et d'automne Paris Gallimard 1975; It. vert. Feste Romane Genova Il Melangolo 1979 pp. 60 ff. - Plinius die jongere, Letters III, 5. - Macrobius Saturnalia I 12,18; Aulus Gellius Noctes Atticae XIII 23, 2. - Tacitus, Annals 15.44.1. - Inscriptiones Latinae Selectae 4914, vertaal deur Robert K. Sheark. (1988). The Roman Empire: Augustus to Hadrian. Translated Documents of Greece and Rome. Cambridge: Cambridge University Press. pp. no. 99. ISBN 0-521-33887-5. - William Godwin (1876). "Lives of the Necromancers". p. 37. Eksterne skakels[wysig | wysig bron] - Artikel oor Vulcanalia in Smith se Dictionary of Greek and Roman Antiquities - Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Vulcanus. - Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia Romeinse mitologie | ---| Aeneas | Apollo | Aurora | Bacchus | Ceres | Diana | Fortuna | Hercules | Juno | Jupiter | Kupido | Maia | Mars | Mercurius | Minerva | Neptunus | Okeaniede | Pluto | Saturnus | Sol | Tartaros | Venus | Vesta | Vulcanus |
<urn:uuid:536295ea-00f1-4ce4-95c6-7c18674ed8a5>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Vulcanus
2019-07-16T23:26:32Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00261.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.9999
false
Bespreking:OSI-model Jump to navigation Jump to search Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die OSI-model-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. | Artikelriglyne Daaglikse bladtrekke | | Stukkende eksterne skakel[wysig bron] During several automated bot runs the following external link was found to be unavailable. Please check if the link is in fact down and fix or remove it in that case! - http://www.pcsupportadvisor.com/OSI_7_layer_model_page1.htm (archive)
<urn:uuid:f463d1e1-57ef-47e6-9f3e-b3c298568f9e>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:OSI-model
2019-07-19T10:49:13Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00021.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.989774
true
Fontaine La Rue Jump to navigation Jump to search Fontaine La Rue | | Geboortenaam | Matilda Fernandez | ---|---| Geboorte | 2 Desember 1897 | Nasionaliteit | Amerikaans | Sterfte | 20 November 1976 (op 78) | Beroep(e) | Aktrise | Internet-rolprentdatabasis-profiel | Fontaine La Rue (2 Desember 1897 – 20 November 1976) was 'n Amerikaanse aktrise. Sy was bekend vir haar rolle in die rolprente A Blind Bargain (1922), The Social Buccaneer (1923), Trigger Fingers (1924), en Flyin' Thru (1925). Filmografie[wysig | wysig bron] Rolprente[wysig | wysig bron] - 1918: After the War - 1918: Who Killed Walton? - 1919: Boots - 1919: The Woman Under Cover - 1919: The Man Beneath - 1920: The Fatal Sign - 1920: Human Stuff - 1920: Two Kinds of Love - 1920: The Sins of Rosanne - 1920: Body and Soul - 1921: Beyond - 1921: Exit the Vamp - 1921: The Faith Healer - 1921: The Great Impersonation - 1921: The Lost Romance - 1922: A Blind Bargain - 1922: The Dangerous Little Demon - 1922: Oh, Mabel Behave - 1922: The Radio King - 1923: The Social Buccaneer - 1923: The Love Letter - 1924: Trigger Fingers - 1924: Unseen Hands - 1925: Flyin' Thru - 1925: Love on the Rio Grande - 1926: His New York Wife - 1927: Gold from Weepah - 1929: West of the Rockies
<urn:uuid:fecbc73a-18e1-4a05-b4d8-781f51e1e716>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Fontaine_La_Rue
2019-07-19T10:27:14Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00021.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.737734
false
Louise Henry (aktrise) Jump to navigation Jump to search Louise Henry | | Geboortenaam | Jessie Louise Heiman | ---|---| Geboorte | 14 Junie 1911 | Nasionaliteit | Amerikaans | Sterfte | 12 Desember 2011 (op 100) | Beroep(e) | Aktrise en skryfster | Internet-rolprentdatabasis-profiel | Louise Henry (14 Junie 1911 – 12 Desember 2011) was 'n Amerikaanse aktrise en skryfster. Sy was bekend vir haar rolle in die rolprente Reckless (1935), Charlie Chan on Broadway (1937), The Phantom Strikes (1938), en Charlie Chan in Reno (1939). Filmografie[wysig | wysig bron] Rolprente[wysig | wysig bron] - 1935: Reckless - 1935: King Solomon of Broadway - 1935: Remember Last Night? - 1936: End of the Trail - 1937: Charlie Chan on Broadway - 1937: 45 Fathers - 1938: The Phantom Strikes - 1939: Charlie Chan in Reno
<urn:uuid:57d56e79-5292-48dc-893b-bb45e901f7ab>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Louise_Henry_(aktrise)
2019-07-19T10:34:49Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00021.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.987452
false
Boekbronne Jump to navigation Jump to search Biblioteke Suid-Afrika: - Soek die boek in die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika se katalogus - Soek die boek in die SEALS Konsortium se biblioteek - Soek die boek in die Universiteit van Suid-Afrika se biblioteek - Soek die boek in die Universiteit van die Witwatersrand se biblioteek - Soek die boek in die Kaapse Hoër Onderwys Konsortium se biblioteek Wêreldwyd: - Soek die boek deur WorldCat in jou plaaslike biblioteek se katalogus Boekwinkels Suid-Afrika: Ander lande:
<urn:uuid:d44e83e9-78b3-4883-bcc1-870b33437e19>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Boekbronne/0-85667-184-3
2019-07-19T10:21:04Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00021.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999935
false
Alzheimersiekte Alzheimersiekte is 'n progressiewe neurodegeneratiewe siekte met kenmerkende kliniese en patologiese tekens. Alzheimersiekte | || Klassifikasie en eksterne bronne | || ’n Vergelyking tussen ’n gewone verouderde brein (links) en die brein van iemand met Alzheimer. | || ICD-10 | G30, F00 | | ICD-9 | 331.0, 290.1 | | OMIM | 104300 | | DiseasesDB | 490 | | MedlinePlus | 000760 | | eMedicine | neuro/13 | | MeSH | D000544 | | Mediese waarskuwing | Dit kan in die vroeë stadiums moeilik wees om te onderskei van kognitiewe agteruitgang in die normale brein verwant aan veroudering. Die deurlopende agteruitgang in geheue, vloei van spraak en ruimtelike oriëntasie lei egter tot toenemende inkorting van onafhanklikheid en uitvoerende vermoëns. In die vroeëre stadiums kan depressie en angstigheid ook die beeld kompliseer, maar dit verminder namate toenemende verlies aan insig volg. In die middelstadiums van die siekte raak selfsorg toenemend 'n probleem en al hoe meer toesig is nodig om ook veiligheid te verseker. In die laat stadiums word deurlopende verpleegsorg in 'n sorgeenheid gewoonlik aanbeveel. Inhoud Stadiums van AlzheimersiekteWysig - - Geen duidelike simptome. - - Subjektiewe vergeetagtigheid; normale ondersoek. - - Probleme by werk; sukkel met spraak; verdwaal wanneer in onbekende plekke; familie raak bewus van probleem; subtiele agteruitgang met ondersoek. - - Inkorting in vermoë om te reis, tel, onlangse gebeurtenisse te onthou. - - Het hulp nodig om klere uit te soek; disoriëntasie ten opsigte van tyd of plek; sukkel om name van byvoorbeeld kleinkinders te onthou. - - Het toesig nodig om te eet en vir persoonlike higiëne; kan inkontinent raak; disoriëntasie ten opsigte van tyd, plek en moontlik persoon. - - Verlies van spraakvermoë; inkontinensie; motoriese styfheid. Patologiese veranderingeWysig - Kortikale atrofie - Sinaptiese en neuronale verlies - Amiloïed angiopatie - Neuritiese plake met amiloïed kerne - Neurofibrillêre knope - Akutefase-reagense en lokale inflammatoriese reaksie EtiologieWysig Dit blyk dat Alzheimersiekte 'n heterogene siekte is weens genetiese en verworwe faktore. Die volgende kan 'n rol speel: BronneWysig - Gauthier S. Alzheimer's Disease in Primary Care, 2nd Ed. Martin Dunitz Ltd. London, 1999.
<urn:uuid:43317fdc-00e1-4280-97de-bea41561aa96>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Alzheimer_se_siekte
2019-07-20T15:39:11Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526536.46/warc/CC-MAIN-20190720153215-20190720175215-00181.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999692
false
Jules Bianchi Jules Bianchi | | ---|---| Bianchi by die 2012 Nürburgring World Series-ren Geboortedatum | 1989 | 3 Augustus Geboorteplek | Nice, Frankryk | Sterfte | 17 Julie 2015 Nice, Frankryk | Volle naam | Jules Lucien André Bianchi | Nasionaliteit | Frans | Aktiewe jare | 2013-2014 | Ou span(ne) | Marussia | Inskrywings | 34 (34 begin) | Kampioenskappe | 0 | Oorwinnings | 0 | Podiums | 0 | Loopbaanpunte | 2 | Voorste wegspronge | 0 | Vinnigste rondtes | 0 | Eerste wedren | 2013 Australiese Grand Prix | Laaste inskrywing | 2014 Japannese Grand Prix | Bianchi het voorheen aan Formule Renault 3.5, GP2 en Formule Drie deelgeneem en was ook 'n Ferrari bestuurdersakademielid. Hy het in 2012 in Formule Een begin as 'n toetsbestuurder vir Sahara Force India. In 2013 het hy sy debuut gemaak vir Marussia met 'n 15de plek in sy eerste ren in Australië en sluit die seisoen af in 19de posisie, sonder enige punte. Sy beste vertoning in daardie jaar was 13de in die 2013 Maleisiese Grand Prix. In Oktober 2013 het die span bevestig dat hy weer vir die span die volgende seisoen sou jaag. In die 2014-seisoen 2014 behaal hy beide sy en die Marussia-span se eerste punte in Formule Een tydens die 2014 Monaco Grand Prix.[1] Ongeluk en doodWysig Op 5 Oktober 2014, tydens die Japannese Grand Prix, het Bianchi in swaar reëntoestande beheer verloor oor sy Marussia en teen 'n groot sleepvoertuig gebots, en het ernstige breinbeserings opgedoen.[2][3] Hy het 'n noodoperasie ondergaan en is in 'n geïnduseerde koma geplaas, waarin hy gebly het tot en met sy dood op 17 Julie 2015.[4] Bianchi is die eerste Formule Een-renjaer wat as gevolg van 'n ongeluk tydens 'n wedren sterf sedert Ayrton Senna tydens die 1994 San Marino Grand Prix.[5][6] VerwysingsWysig - Straw, Edd; Noble, Jonathan (25 Mei 2014). "Jules Bianchi says Marussia's first F1 points not luck". Autosport. Haymarket Publications. Besoek op 26 Mei 2014. - "Bianchi undergoes surgery after Suzuka crash". Formula 1. 5 Oktober 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Oktober 2014. Besoek op 5 Oktober 2014. - McCourt, Ian (5 Oktober 2014). "F1 driver Jules Bianchi injured after crash in Japan – reaction as it happened". The Guardian. Guardian Media Group. Besoek op 6 Desember 2014. - DiZinno, Tony (17 Julie 2015). "Jules Bianchi dies at age 25, his family confirms". NBC Sports. Besoek op 18 Julie 2015. - "Jules Bianchi dies". ESPN. 18 Julie 2015. - "F1 driver dies from Suzuka crash injuries". bbc.com. Besoek op 18 Julie 2015.
<urn:uuid:da5a17b1-46a0-42a3-a3d9-cd9b0402eef0>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Jules_Bianchi
2019-07-15T17:55:26Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195523840.34/warc/CC-MAIN-20190715175205-20190715201205-00125.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999306
false
Mieliestronk Mieliestronk | | ---|---| Tipe webblad | Ensiklopedie | Taal(e) | Afrikaans | Registrasie | Geen | Eienaar | Naspers | Opgerig | 2001 | Huidige status | Aktief | URL | mieliestronk.com | Mieliestronk, of Dugeot se Mieliestronk soos dit ook bekend staan, is 'n Afrikaanse webwerf wat ten doel het om kinders met hul skooltake te help. Op Mieliestronk word inligting oor spesifieke onderwerpe op 'n ensiklopediese maar informele wyse aangebied. Mieliestronk poog egter ook om mense te help wat hul algemene kennis wil opskerp. Die webwerf bestaan sedert 2001 en is vroeër deurlopend uitgebrei, maar dit word reeds verskeie jare lank nie meer aangevul of bygewerk nie. Mieliestronk se materiaal was in een stadium ook te koop en het in verskeie pakkette voorgekom. In Desember 2011 is 'n kontrak beklink waarkragtens Mieliestronk deur die Naspers-filiaal Media24: Weeklikse Tydskrifte by die oorspronklike webmeester, G. (Ollie) Olwagen, oorgeneem is. Olwagen, wat 'n senior tydskrifjoernalis was tot met sy aftrede rondom die eeuwisseling, het die webwerf omstreeks 2001 begin en dit deur die jare op eie houtjie met weinig hulp opgebou tot waar dit mettertyd in skooltyd tot 44 000 klikke per dag ontvang het (tot 153 000 sogenaamde unieke besoeke per maand). Ondanks Mieliestronk se stagnasie en veranderde internetpatrone, het die webwerf se hoofbladsy in 2017 – in "goeie skoolmaande" soos Februarie, Mei en Augustus – steeds nagenoeg of meer as 50 000 unieke besoeke per maand ontvang. Talle opvoeders beskou dit as merkwaardig. Materiaal uit Mieliestronk is in verskeie skoolboeke opgeneem.
<urn:uuid:c3ae0732-2c1f-4749-8415-e883c2519b12>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Mieliestronk
2019-07-15T18:35:56Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195523840.34/warc/CC-MAIN-20190715175205-20190715201205-00125.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99998
false
Sentour (kleinplaneet) Sentoure is onstabiele kleinplanete wat eienskappe van beide asteroïdes en komete toon. Hulle word genoem na die sentoure in die Griekse mitologie, wat eienskappe van beide mense en perde gehad het. Sentoure het veranderlike wentelbane wat dié van een of meer van die groot gasplanete gekruis het, en het dinamiese leeftye van ’n paar miljoen jaar.[1] Daar is sowat 44 000 sentoure in die sonnestelsel met ’n deursnee groter as 1 km.[1] Die eerste sentour-agtige voorwerp wat ontdek is, was 944 Hidalgo in 1920. Hulle is egter nie as unieke voorwerpe beskou nie tot met die ontdekking van 2060 Chiron in 1977. Die grootste bekende sentour is 10199 Chariklo, wat in 1997 ontdek is. Dit het ’n deursnee van 260 km, so groot soos ’n asteroïde van gemiddelde grootte. Tot met 2008 is drie sentoure ontdek met komas: 2060 Chiron, 60558 Echeclus en 166P/NEAT. Chiron en Echeclus word dus as beide asteroïdes en komete geklassifiseer. Ander sentoure soos 52872 Okyrhoe toon vermoedelik komeet-aktiwiteite. Enige sentour wat naby genoeg aan die Son aangetrek word, is vermoedelik ’n komeet. VerwysingsWysig Eksterne skakelsWysig - List of Centaurs and Scattered-Disk Objects - Centaurs from The Encyclopedia of Astrobiology Astronomy and Spaceflight - Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Sentour (kleinplaneet). - Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia Die Sonnestelsel | ---| Son • Mercurius • Venus • Aarde • Mars • Ceres • Jupiter • Saturnus • Uranus • Neptunus • Pluto • Haumea • Makemake • Eris | Mane: Aarde • Mars • Asteroïdies • Jupiter • Saturnus • Uranus • Neptunus • Pluto • Haumea • Eris • Ringe: Jupiter • Saturnus • Uranus • Neptunus | Planete • Dwergplanete • Kleinplanete Meteoroïdes • Asteroïdes • Asteroïdegordel • Sentoure • Trans-Neptunus-voorwerpe • Kuipergordel • Verstrooide skyf • Komete • Hillswolk • Oortwolk |
<urn:uuid:85c97422-a2fc-45a0-b139-72e86cdb236b>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Sentour_(kleinplaneet)
2019-07-15T18:16:17Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195523840.34/warc/CC-MAIN-20190715175205-20190715201205-00125.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998797
false
DNS - Hierdie artikel handel oor die molekuul. Vir die internetdomeinnaamstelsel, sien Domeinnaamstelsel. 'n DNS-molekuul bestaan uit twee lang stringe nukleotiede, wat saam tot 'n dubbelspiraal buig. Die twee stringe is aanmekaar verbind deur sogenaamde basispare. 'n Basispaar verbind twee nukleotiede wat teenoor mekaar lê. Die volgorde van nukleotiede in 'n string word 'n sekwensie genoem. Omdat daar in beginsel oneindig baie sekwensies moontlik is, kan die volgorde van nukleotiede unieke erflike inligting verskaf. Die DNS van alle organismes is saamgestel uit vier nukleotiede; adenien (A), timien (T), sitosien (C) en guanien (G). Hulle kan in enige volgorde langs mekaar verbind wees om die een ruggraat van die dubbelspiraal te vorm. Daarenteen kan elke nukleotied net met ’n spesifieke nukleotied teenoor hom verbind om ’n basispaar te vorm. So byvoorbeeld kan A net teenoor T verbind wees en C net teenoor G. Terwyl die verbinding van nukleotiede langs mekaar stabiele kovalente verbingdings is, is die verbindings teenoor mekaar swakker waterstofverbindings. Dit verseker dat dit moeilik is om die dubbelspiraal loodreg te sny, maar maklik om dit in die lengte oop te trek soos ’n ritssluiter. Die eienskap om DNS oop te rits, maak DNS-replisering moontlik wat op sy beurt ’n vereiste is vir selverdeling. In eukariote kom DNS net binne die selkern voor en die meeste eukariote sal verskillende lengtes DNS huisves wat elk bestaan uit miljoene basispare. Binne die selkern is DNS verpak in die vorm van chromosome wat die ruimtelike ordening van DNS vergemaklik voor, tydens en ná selverdeling. In baie prokariote kom DNS in die vorm van ’n kring voor en omdat prokariote aansienlik kleiner is as eukariote, word DNS nie verpak in chromosome of is dit nie beperk tot ’n selkern nie.
<urn:uuid:84ff4e3c-fdae-4df7-8d30-4abfbaa7fb6f>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Deoksiribonukle%C3%AFnesuur
2019-07-19T10:45:14Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00045.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999975
false
Florence Phillips Lady Florence Phillips (gebore Dorothea Sarah Florence Alexandra Ortlepp, Kaapstad, Kaapkolonie, 14 Junie 1863 – Vergelegen, Somerset-Wes, Kaapland, Suid-Afrika, 23 Augustus 1940) was ’n weldoener, gasvrou, skrywer, bevorderaar van Suid-Afrikaanse kuns en die eggenote van die mynmagnaat sir Lionel Phillips, wie se rykdom dit vir haar moontlik gemaak het om tallose projekte óf self aan te pak óf ander aan te spoor om dit aan te voor. Genl. Jan Smuts het haar op haar begrafnis beskryf as “no ordinary woman” en bygevoeg: “Sy en haar man was van die mees vooraanstaande en uitsonderlike persoonlikhede wat die Rand en die nuwe Suid-Afrika opgebou het, en sy laat ’n groot indruk na.”[1] "Lady Florence Phillips het ’n oorheersende rol in die geskiedenis Suid-Afrika gespeel," skryf dr. Thelma Gutsche in die biografie No ordinary woman. The life and times of Florence Phillips. "Sy was ’n baanbreker van die diamant- en goudveld, en het vier oorloë, twee revolusies en die Jameson-inval beleef. [2] Saam met ander mynmagnate was sy verantwoordelik vir die eerste versameling kunswerke, Kaapse meubels en ’n argitektuurbiblioteek in Johannesburg.[3] Sy het die leeueaandeel gehad in die oprigting van die Johannesburgse Kunsmuseum,[4] wat haar geesteskind was[5] en ’n belangrike mylpaal in die kunslewe en kulturele opvoeding van die Goudstad se publiek.[6] Ook het sy onder meer ’n bydrae gelewer tot die stigting Suid-Afrika se eerste nasionale botaniese tuin, Kirstenbosch, die fakulteit argitektuur aan die Universiteit van die Witwatersrand, die totstandkoming van die museum in die Koopmans-de Wet-huis en die daarstelling van die Michaelis-versameling in die Burgerwaghuis aan Groentemarkplein.[7] Sy het immigrasie na Suid-Afrika aangemoedig deur haar betrokkenheid by die 1820 Settlers Monument Association[8] en was die dryfveer vir die restourasie van Vergelegen, Somerset-Wes, die eiendom wat W.A. van der Stel aanvanklik ontwikkel het."[9] Van haar ander bydraes was die reël van 'n kuns-en-kunsvlyt-uitstalling in Milnerpark, Johannesburg, in 1905, die aankoop en restourasie van die Martin Melch-huis in Kaapstad, die aanstelling van die J.M. Solomon as die Universiteit van Kaapstad se argitek, 'n projek wat hom tot selfdood gedryf het, en die oprigting van 'n kunsskool in die Goudstad.[10] Inhoud LewensloopWysig HerkomsWysig Florence Phillips was die enigste dogter van Albert Frederick Ortlepp, landmeter en natuurvorser en sy vrou Sarah Walker, albei van Colesberg. Sy besoek eers 'n privaat skool in Rondebosch en daarna die Damesinstituut (tans Eunice) in Bloemfontein. Sy sluit by haar ouers op die diamantvelde van Kimberley aan waar sy saam met hulle in armoede lewe. Huwelik met Lionel PhillipsWysig In Kimberley ontmoet sy Lionel Phillips (1855–1936), die seun van ’n minder gegoede Joodse handelaar wat in 1875 uit sy geboortestad, Londen, na die diamantveld gekom en in diens getree het by Joseph B. Robinson as sorteerklerk en uitgewer van sy koerant, The Independent, waarvoor hy versies en berigte bydra. [11][12] Hy sou later ’n skatryk mynmagnaat en politikus word en is in 1912 tot ridder geslaan.[13] Florence en Lionel trou op 22 Augustus 1885 op Beaconsfield by Kimberley. Die egpaar het drie kinders gehad, onder wie 'n seun, Harold. Lionel Phillips is die eerste keer finansieel geruïneer die jaar voor sy troue met Florence toe die diamantmark in duie stort terwyl hy met vakansie was in Engeland. Daarna het hy vervoerwerk op Kimberley onderneem. Ná hul troue is hy weereens geruïneer, dié keer weens die stygende koste van vervoer en materiaal, maar danksy sy kennis van die mynbou, onkreukbaarheid en werkkrag stel die firma French & d'Esterre hom as bestuurder aan. Hierna help hy met die amalgamasie van Griekwaland-Wes se diamantmyne onder De Beers se beskerming. Sy eie maatskappy bly ook in die slag, waarna hy werkloos was, maar gelukkig vir die jong Phillips-egpaar het Lionel intussen bevriend geraak met Alfred Beit en Cecil John Rhodes. So kry hy werk by Wernher, Beit & Kie. Verhuising na JohannesburgWysig In 1889 verhuis Florence, haar man en twee babaseuntjies per koets na die Witwatersrand waar hy ’n betrekking aanvaar as mynkonsultant by die firma Herman Eckstein & Kie., waarin Beit die beherende aandeel besit het en wat Wernher, Beit en Kie. gestig het om hul goudbelange te behartig. Danksy ’n vinnige verbetering in haar man se geldelike omstandighede kon Florence Phillips vanaf 1887 wyd reis.[14] Veral nadat hy Eckstein in 1892 as voorsitter van die Kamer van Mynwese opgevolg het, het Florence ’n bekende gasvrou in Johannesburg geword.[15] Hy het spoedig ’n vennoot geword in die firma en later voorsitter van wat bekend sou word The Corner House, een van die sterkste myngroepe in Suid-Afrika.[16] Jameson-inval en verbanningWysig Florence se man het in die jong Johannesburg ’n vooraanstaande en uitgesproke figuur in die Uitlanderbeweging geword en sterk standpunt ingeneem teen die Transvaalse regering van pres. Paul Kruger. Ná die Jameson-inval het dit duidelik geword hoe intiem hy by die Reformers' Movement betrokke was. Terwyl Florence op reis was, het Lionel in Johannesburg gewag op die Jameson-inval; moontlik het hy gewag op die regte oomblik waarop hy die verwagte opstand aan die Rand kon lei. Sy moes haar na Johannesburg terughaas toe haar man hom op 10 Januarie 1896 oorgee en skuldig pleit. Regter Reinhold Gregorowski het hom en talle ander opstandelinge die doodstraf opgelê weens hoogverraad omdat hulle die ZAR se regering omver wou werp, maar pres. Kruger het hul vonnis versag tot ’n boete van £25 000. Florence en haar man het hulle nou in ’n moeilike situasie in die Goudstad bevind, want hy is gewaarsku om hom van alle politieke aktiwiteite te weerhou; so nie sou hy verban word uit die ZAR. [17] Einde 1896, skaars 11 maande nadat hy beboet en gewaarsku is om die politiek te los, het Lionel Phillips ’n berig in die nuusblad Nineteenth Century gepubliseer wat daartoe gelei het dat hy verban is. Florence het hom daarna vergesel toe hy uitwyk na sy geboorteland, waar hulle herehuise ingerig het in Hampshire (Tylney Hall) sowel as Londen. In dié tyd was sy en haar man mildadige weldoeners van kuns en kunsvlyt geword. In 1899 het Florence se eerste boek en omstrede boek verskyn, Some South African recollections, wat die gemoedere gaande gemaak het. Terug na Suid-AfrikaWysig Ná die Tweede Vryheidsoorlog (1899–1902), wat die Kruger-bewind verpletter het, is Lionel Phillips deur Beit en Julius Wernher oorreed om in die belang van die firma terug te keer na die Rand. Blykbaar was dit eers in 1909, want in 1905 het Florence op besoek aan Suid-Afrika dr. Rudolph Maloth opdrag gegee om die monumentale Flowers of South Africa te onderneem, wat eindelik tussen 1913 en 1932 in ses boekdele verskyn het. Ná hul terugkeer in Suid-Afrika het Lionel opnuut ’n belangrike rol in die ontwikkeling van die mynbou gespeel – hy is byvoorbeeld herverkies as voorsitter van die Kamer van Mynwese – en sy vrou in die sosiale en kultuurlewe van die stowwerige Goudstad. Een van haar vernaamste tydverdrywe was die versameling van skilderye en kunsvoorwerpe vir die kunsmuseum wat sy in gedagte gehad het. Ná UniewordingWysig Die eerste verkiesing vir die Volksraad ná Uniewording is op 15 September 1915 gehou toe Lionel Phillips as kandidaat van die Unionisteparty in Yeoville staan. Met sy 1 658 stemme (75,6%) vergeleke met die 534 (24,4%) vir W. van Hulsteyn van die Regerende Party het die mynmagnaat ’n wegholoorwinning behaal.[18] Vroue het eers 20 jaar later stemreg gekry, maar Florence het waarskynlik haar invloed in die eerste Volksraad deur haar man laat geld. Hy is ingehuldig as LV op 1 Oktober 1910 en het in dié hoedanigheid gedien tot 23 Augustus 1915. In dié tyd was die Unioniste die amptelike opposisie. Lionel Phillips is as vooraanstaande deskundige van die goudmynbou beskou en het as die onbestrede leier en woordvoerder van die mynbedryf opgetree. In 1912 is Lionel tot ridder geslaan en het die titel 1ste baronet van Tylney Hall (na die egpaar se herehuis in Hampshire) gekry. Voortaan sou hy dus sir Lionel wees en sy vrou lady Florence. In 1915 (sommige bronne gee 1914 aan, maar hy was toe nog LV) het die Phillipse opnuut na Londen verhuis waar sir Lionel die pos van besturende direkteur van Central Mining Company sou beklee. Tydens die Eerste Wêreldoorlog is hy as die Britse regering se raadgewer oor die metaalbedryf aangestel. Ook in dié tyd (1917) het hy die plaas Vergelegen by Somerset-Wes vir sy vrou gekoop, moontlik met die oog op hul aftrede omdat hy toe reeds 61 of 62 jaar oud was. In 1924 het die egpaar na Suid-Afrika teruggekeer nadat hul Johannesburgse herehuis, Villa Arcadia, reeds ’n jaar of twee vantevore verkoop is. Genl. Jan Smuts, met wie se Suid-Afrikaanse Party die Unionisteparty in 1920 saamgesmelt het, het in 1923 ’n Joodse kinderhuis daarin ingewy. In die Kaap het lady Florence haar werk in belang van die kunste en bewaring met mening voortgesit nadat sy in Johannesburg daarin geslaag het om die Johannesburgse Kunsmuseum te laat oprig en dié instelling se kunsversameling te begin. Vir haar eie wonings en openbare instellings het sy ywerig Africana, veral meubels, versamel. Buiten dat sy kunstenaars en vakmanne ondersteun en aangemoedig het, het sy sir Max Michaelis oorreed om sy versameling 17de-eeuse Nederlandse skilderye aan die stad Kaapstad te skenk. Om die Michaelis-versameling behoorlik te huisves, is die Burgerwaghuis aan Groentemarkplein in 1910 laat herontwerp en gerestoureer volgens 'n plan van die argitek J.M. Solomon. Die stadsraad het dit in Maart 1915 aan die Unieregering geskenk om ou Hollandse en Vlaamse meesters se werk te huisves. Sedert Oktober 1916 dien die gebou as huisvesting vir die Michaelis-versameling.[19] Sy was ook ten nouste betrokke by die pogings om die Koopmans-de Wet-huis te red en 'n vyfde van die huis se inhoud aan te skaf en aan die staat te skenk. Johannesburgse KunsmuseumWysig AgtergrondWysig Die Johannesburgse Kunsmuseum is die Goudstad se munisipale kunsmuseum, die grootste van sy soort in Suider-Afrika, met kunswerke van wêreldfaam en versamelings wat so omvangryk is dat net sowat 'n tiende tegelykertyd in die galery se 15 vertoonsale en beeldhoutuine vertoon kan word. Die meeste kunsmuseums wêreldwyd het hul ontstaan te danke aan die ywer en deursettingsvermoë van een persoon. In die geval van die Johannesburgse Kunsmuseum was dit Florence Phillips, wat in 1912 lady Florence geword het toe haar man tot ridder geslaan is. Nadat Florence en Lionel omstreeks 1908 of '09 van die weelde van Tylney Hall, Hampshire, Engeland, na die “kultuurwoestyn” van Johannesburg teruggekeer het toe hy as plaaslike direkteur van die Central Mining and Investment Corporation aangestel is, het Florence haarself vergoed vir die verhuising deur hul huis, Villa Arcadia in Oxfordweg, weldra in die vergaderplek van Johannesburg se deftige kringe te omskep. Skilderye versamelWysig Dit was in haar hoedanigheid as “eerste vrou van die Rand” dat sy hier op die gedagte gekom het om 'n kunsmuseum in Johannesburg in te rig. Haar plan was om eers aansienlike bydraes by al die Randlords "af te pers" in die vorm van of kontant of skilderye, en dan die stadsraad te oorreed om 'n geskikte museum te bou en in stand te hou. Net die beste was goed genoeg vir haar. Sy het dus sir Hugh Lane, die kenner wat destyds besig was om kunswerke vir die munisipale kunsmuseum van Dublin te versamel, aangestel om raad te gee oor aankope vir die Johannesburgse Kunsmuseum in wording. Sy wou 'n versameling ou meesters hê, maar sir Hugh het haar oorreed om liewer geld in eietydse kunstenaars te belê wat die “ou meesters” van die toekoms sou wees. Sy het die bal aan die rol gesit deur haar bloudiamantring van 21,5 karaat, 'n geskenk van haar man, op besoek aan Londen te verkoop en drie skilderye van Phillip Wilson Steer aan te koop wat toe pas die aandag van die kunskritici begin trek het. Dit het sy aan die kunsmuseum geskenk, tesame met haar waardevolle versameling antieke kant- en borduurwerk. Daarna het sy die steun van ryk mynmagnate, soos Max Michaelis, Otto Beit, Julius Charles Wernher, Hermann Eckstein, Abe Bailey en Sigismund Neumann, gewerf. Haar voorbeeld en volharding het eindelik vrugte afgewerp, en teen 1909 is altesame £20 000 ingesamel. Die kern van die versameling wat deur Lane aangekoop is, het bestaan uit 130 skilderye en beeldhouwerke. Onder hulle was daar werke van verskeie “moderne” skilders soos Monet, Pisarro, Augustus John, Morland Lewis en Pre-Impressioniste soos Boudin en Géricault. 'n Gedeelte van hierdie versameling is hoog deur die koerante van Londen aangeprys toe dit in Mei en Junie in die kunsmuseum van Whitechapel uitgestal is, voor dit drie maande later na die Unie verskeep is. Gebou opgerigWysig Daar was toe egter nog geen gebou nie. Die stadsraad was steeds sku vir die bedrag van £20 000 wat dit sou kos om 'n geskikte gebou op te rig. Die geld was eenvoudig nie beskikbaar nie, en die stadsraad het geweier om so 'n groot lening vir 'n kunsmuseum aan te gaan. 'n Tydelike tuiste moes gevind word, en die keuse het op die perseel van die Mynbouskool in Eloffstraat geval. Die uitstalling is op 29 November 1910 hier geopen en is tot 1915 daar gehuisves. Voor 1910 is verskeie persele vir 'n kunsmuseum voorgestel en oorweeg. Onder hulle was vertrekke in die nuwe stadsaal wat gebou sou word. Teen Junie 1910 het die stadsraad minstens ingestem om 'n perseel vir 'n kunsmuseum in Joubertpark beskikbaar te stel, maar argitekte soos M.J. Harris en H.G. Veale het die ligging so naby die spoorlyn gekritiseer, en Harris het voorgestel dat die Kunsmuseum liewer op die terrein van die Fort op Hospitaalheuwel opgerig word. Daar sou dit die verbeelding van die publiek aangryp ". . . in a manner worthy of a temple of art". Dit het egter in die argitek, sir Edwin Lutyens, se bedoeling gelê om die spoorlyn te oordek en Joubertpark met die Uniegrond te verbind sodat 'n formele tuin om die Kunsmuseum uitgelê kon word. Die rede vir die spesifieke plasing van die Kunsmuseum is dat Lutyens sy ontwerp in Engeland voorberei het en dus geen kennis van die plaaslike omstandighede kon hê nie.[20] Daar was egter nog geen geld vir die bouwerk nie. Eindelik het genl. J.C. Smuts, destyds koloniale sekretaris van die Transvaalse regering, tot die redding gekom. Met lady Florence se aansporing, al was genl. Smuts en haar man lede van opponerende partye in die Volksraad, het die regering op Smuts se aandrang ingestem om sy aandeel van die inkomste uit die stad se mark te verbeur op voorwaarde dat die stadsraad 'n groot deel van dié geld vir die kunsmuseum afstaan. Die voorstel is aanvaar en die stadsraad het £20 000 vir 'n geskikte gebou opsygesit. Intussen het lady Florence op haar tipiese, lofwaardige manier besluit dat die gebou deur niemand anders as Edwin Lutyens, bekende Britse argitek, ontwerp sou word nie. Hiermee het sy haar die wrewel van die Transvaalse Instituut van Argitekte op die hals gehaal. Hulle het aangevoer dat die opdrag aan 'n plaaslike argitek gegee moes word. Die geskil is eindelik bygelê toe ooreengekom is dat die Suid-Afrikaanse argitek Robert Howden vir Lutyens sou bystaan. Die ontwerp van die Kunsmuseum lewer blyk van die argitek se buitelandse afkoms. Lutyens het 'n hoë status in Engeland gehad vanweë sy huisontwerpe vir die welgesteldes. Kenmerkend van sy ontwerptrant was 'n abstrakte, stereometriese vormgewing met kaal mure en ingesnyde vensters, skryf Van der Waal. Onder meer vanweë sy noue verbintenis met sir Herbert Baker, het Lutyens omstreeks 1906 sy styl verander van Neo-Queen Anne na Beaux Arts. Die Johannesburgse Kunsmuseum was moontlik Lutyens se eerste staatsgebou in die Beaux Arts-mode. Volgens die klassisistiese tradisie het dit 'n swaar portico met fronton gehad, voor 'n gerustikeerde liggende kuboïed met borswering. Aan weerskante en agter die hoofblok het Lutyens egter pawiljoene met skilddakke en hoë skoorsteengroepe beplan, wat die trant van die woonhuisbou aanslaan. Diepgaande meningsverskille tussen lady Florence en Lutyens enersyds, en die stadsraad andersyds het die ontwerp ongelukkig skade berokken. Die meningsverskil het gehandel oor die boumateriaal waarin die bouwerk uitgevoer sou word. Aanvanklik het Lutyens en Phillips sandsteen vir die eksterieur voorgestel, maar toe die koste te hoog geblyk het, het hulle 'n gepleisterde baksteenuitvoering aanbeveel omdat hy slegs £20 000 vir die hele gebou tot sy beskikking gehad het.. Die stadsraad het nietemin op die duurder sandsteen-uitvoering besluit. Die hoeksteen van die nuwe kunsmuseum in Joubertpark is op 11 Oktober 1911 gelê deur die burgemeester van Johannesburg, H.J. Hofmeyr, maar die bouwerk kon nie begin nie omdat Lutyens se werktekeninge nog nie klaar was nie. Dit het eers vier maande later uit Londen aangekom en het voorsiening gemaak vir ruim sale om 'n sentrale binneplein. Die geld was toe net genoeg vir die hoofgebou wat sonder enige seremonie in November 1915 geopen is. UitbreidingWysig Die eerste aanbouings – die oos- en wesvleuels waarvoor Lutyens se oorspronklike planne voorsiening gemaak het – is 25 jaar later (in Oktober 1940) voltooi, twee maande ná lady Florence se dood. Daarmee was die gebou egter nog nie voltooi nie. Die uitbreidings wat in 1986 ingewy is, sluit twee pawiljoene in en sluit die museum en Joubertpark tot 'n meer harmonieuse geheel saam. Die vernaamste oogmerk met die oprigting van die kunsmuseum was om keurwerke van eietydse Britse en Europese kunstenaars uit te stal. Dié beleid het nog tot die einde van die ou Suid-Afrika gegeld, maar historiese versamelings uit vroeër periodes, soos werke van 17de-eeuse Hollandse skilders, is ook uitgebou, asook versamelings van Suid-Afrikaanse en eietydse internasionale kunswerke in 'n verskeidenheid media. Die Koopmans-de Wet-huisWysig AgtergrondWysig Lady Florence het haar aansienlike invloed deeglik laat geld ter bewaring van die Koopmans-de Wet-huis in Strandstraat, Kaapstad. Marie Koopmans-de Wet is op 2 Augustus 1906 oorlede en haar suster, Margaretha de Wet, op 18 Oktober 1911. Margaretha was die laaste van die gesiene De Wets wat die huis bewoon het. Dis in 1701 opgerig, maar het sy statige voorkoms eers in 1795 gekry toe, volgens oorlewering, die bekende Louis Thibault en Anton Anreith die front daarvan in sy huidige vorm gebou het; geen bronne kan egter dié aanname bevestig nie. Nog voor Marie se dood is die Suid-Afrikaanse Nasionale Vereniging op 18 Februarie 1905 in Kaapstad gestig onder voorsitterskap van sir (later lord) Henry de Villiers om plekke van historiese belang of om hul natuurskoon te bewaar. In 1909 het die Kaapse koerant De Zuid-Afrikaan, onder sy redakteur, F.S. Malan, 'n persoonlike vriend van Koopmans-de Wet, ’n veldtog begin om die Koopmans-de Wet-huis te bewaar as nasionale gedenkwaardigheid, of soos dit in vroeër jare bekendgestaan het: historiese monument. Malan het sy invloed in die Kaap laat geld en dr. Frans Engelenburg, Koopmans-de Wet se susterskind, syne by genl. Louis Botha in Pretoria. Malan was in 1906 saam met Engelenburg gereelde besoekers by die bedlêende Marie. Op 25 Junie daardie jaar het sy die behartiging van al haar persoonlike sake aan dié twee opgedra. Op 28 Oktober 1911 het die Nasionale Vereniging verklaar die Koopmans-de Wet-huis en sy waardevolle inhoud moes gesamentlik vir die nageslag bewaar word. Die Kaapse munisipale raad het op 7 November daardie jaar ’n mosie met dieselfde strekking aanvaar. Die argitek sir Herbert Baker het sy steun aan dié veldtog uit Johannesburg toegesê en sy gewese vennoot Masey, uit Salisbury. Besluit om dit te bewaarWysig Nadat ’n hof beslis het die De Wet-susters se testament was onuitvoerbaar, is besluit om die huis en sy inhoud per openbare veiling te verkoop. Hierna het gesiene Kapenaars, onder wie Dora Fairbridge, Edward Roworth, William Frederick Purcell, maj. William Jardine, Franklin Kaye Kendall en Fred Glennie, hulle by die veldtog aangesluit om die staat oor te haal om die Koopmans-de Wet-versameling aan te koop. In Johannesburg het sir Lionel en lady Florence hul aansienlike invloed laat geld ter ondersteuning daarvan. Onder beskerming van Aletta Johanna, lady De Villiers, die eggenote van hoofregter sir Henry de Villiers, is ’n vergadering op 27 Januarie 1913 in die Kaapstadse biblioteeksaal belê onder voorsitterskap van Annie Botha, eggenote van die eerste minister, genl. Louis Botha. Van die invloedryke persoonlikhede wat die vergadering bygewoon het, was Harry Hands (burgemeester), J.R. Finch (stadsklerk), sir James Rose-Innes, sir William Thorne, sir Ernest Kilpin, Olive Schreiner, dr. Engelenburg, L. Péringuey (direkteur van die Suid-Afrikaanse Museum), Louis Mansergh, Anna Purcell, mev. Marloth (eggenote van die botanis Rudolph Marloth, wat Flowers of South Africa in opdrag van lady Florence uitgegee het), Dora Fairbridge, sir Meiring Beck and mev. Beaumont Rawbone. GeldinsamelingWysig Sir Lionel het voorgestel dat die huis en sy inhoud tesame vir die nasie bewaar word en dat 'n algemene asook ’n uitvoerende komitee aangewys word om die geldinsameling en ander nodige aktiwiteite uit te voer. Hy het selfs die lede van die komitees voorgestel asook die voorsitters, onderskeidelik Annie Botha en Dora Fairbridge. Sy vrou moes, syns insiens, in albei komitees dien. Ds. A.I. Steytler van die Groote Kerk het die mosie in Hollands gesekondeer, waarna dit eenparig aangeneem is. Ten einde belangstelling by die publiek aan te wakker, het Olga Racster ’n reeks artikels vir die Cape Times begin bydra. Harry Hands, die burgemeester, het briewe aan alle munisipaliteite in die Unie geskryf waarin hy skenkings versoek het. Lady Florence se tuisstad, Johannesburg, het egter volstrek geweier, moontlik omdat die stadsraad destyds geld bymekaar moes kry om die Johannesburgse Kunsmuseum op te rig, waarvan lady Florence die grootste dryfveer was. Op die aand van 27 Februarie 1913 het lady Florence in die geselskap van mev. Grace Douglas Pennant, mev. Marloth en dr. Purcell saam met sir Lionel as afvaardiging die Kaapse stadsraad genader. Laasgenoemde en sen. sir Meiring Beck het die raad toegespreek en gevolglik is £1 000 bewillig, maar later op ’n vergadering van belastingbetalers is dit verminder tot £500. Ondanks die bittere onenigheid in die destydse Volksraad het lede kortstondig verenig in landsbelang en £3 000 toegewys vir die aankoop van meubels. ’n Bydraelys is geopen wat ’n bedrag van £2 366 13s. 10d. opgelewer het. Openbare veilingWysig Dr. Purcell, J.R. Finch, A.E.F. Gore en lady Florence is aangewys om die meubels en kunsvoorwerpe uit te soek wat vir die versameling behoue moes bly omdat dit van werklik geskiedkundige en kunswaarde was. Die skilder Edward Roworth, wat in 1914 direkteur van die Suid-Afrikaanse Nasionale Kunsmuseum sou word, het die skilderye help uitkies. Nadat die komitee 2 089 lotte nagegaan het, het hulle ooreengekom om op 356 lotte te bie. Later is nog 18 bygevoeg wat nie op die vendusierol voorgekom het nie. Die algemene komitee het dr. Purcell as hul bieër aangestel. Die veiling, wat behartig is deur J.J. Hofmeyr & Seun, het op 17 Maart 1913 begin en sou 10 dae duur. Die eerste agt dae is gehou in die Goeie Hoop-saal en die laaste twee in die huis in Strandstraat. Besigtiging het eers op 15 Maart begin en belangstellendes is verbied om enige item aan te raak. ’n Karige katalogus is saamgestel wat, saam met die minder as ideale toestande vir besigtiging, tot die komitee se voordeel gestrek het omdat hulle die items vooraf op hul eie tyd kon bekyk. Die veiling was omstrede. William R. Morrison, ’n handelaar in en versamelaar van Africana, het 10 hoogs kritiese berigte vir die Cape Times geskryf en op die aand van die eerste dag het die toewysing van staatsgeld onder hewige kritiek in die Volksraad deurgeloop. Sir Lionel en Abraham Fischer het die raad se vroeëre besluit moedig verdedig. Ook is talle onrealisties hoë pryse op die veilig betaal, byvoorbeeld £8 5s. vir ’n blombak van geelkoper, waarop Morrison geskerts het geelkoper word in die Kaap as 'n edelmetaal beskou. Nog ’n geelkoperbak is vir £9 10s. verkoop. Winskopies was onder meer ’n Lodewyk XVI-ormolu-houer met ’n deksel van moeder van pêrel en inlegwerk van emalje, deur Vervain, vir 26 sjielings. Ook ’n Lodewyk XV-fles (cruet) van silwer vir £30. Die bod op al die lotte wat die komitee wou aankoop, is op dr. Purcell toegeslaan. Hy het 374 lotte bekom, wat hy self geskat het 21% van die totale getal items was (sommige lotte het uit meer as een item bestaan). Die versameling wat so bekom is, het bestaan uit 188 stukke erdewerk (196 volgens ’n ander bron), 69 meubelstukke en vyf plaaslik vervaardigde klerekaste van verskillende style en van verskillende Suid-Afrikaanse houtsoorte. Daarbenewens is ook 13 dak- en muur-kroonkandelare van geelkoper en 26 ander glas- en koperware, asook 28 Sheffield-items, 41 stukke silwerware, 110 items van glas en 147 Chinese en Japannese porseleinstukke aangekoop. Die Sheffield-items het die Breda-eetservies ingesluit wat bestaan het uit drie kandelare, vyf voorgeregborde, vier opdienbakke met deksels en twee souskomme. Dit is in 1834 in Londen vir Michel van Breda van Oranjezicht aangeskaf met geld wat hy gekry het uit die vrystelling van die Kaap se slawe. Dié aankoop alleen het die komitee £500 10s. uit die sak gejaag. Van die silwerware was die Hollandse items die belangrikste, veral ’n drinkglas waarop ’n portret van Lodewyk XVI gegraveer is en wat aan hom geskenk is deur ’n lid van die De Lettre-familie. Die totale opbrengs van die veiling was £4 032. Die huis is opgeveil op 8 April 1913. Sir Lionel, lady Florence en hul medekomiteelede het die aand vantevore byeengekom om amptelik te besluit om die huis te koop en dit dan oor te maak aan die Suid-Afrikaanse Museum. Die volgende dag is die bod vir die huis op die komitee toegeslaan vir £2 800, waarna dit saam met dr. Purcell se aankope aan die staat geskenk is. Hul woningsWysig HohenheimWysig Sowat vyf jaar ná hul aankoms in Johannesburg het die Phillipse hul huis Hohenheim op die perseel van die huidige Charlotte Maxeke-hospitaal (vroeër die Johannesburgse Algemene Hospitaal) betrek, die eerste herewoning in Parktown. Frank Emley het dit in 1892 ontwerp en twee jaar later is dit voltooi. Florence het Parktown se ontwikkeling voorgestel weens die lugbesoedeling in suidelike stadsdele waar mynbedrywighede 'n stofprobleem veroorsaak het. Nadat die Lionel Phillips verban en die egter na Engeland uitgewyk het, het die skrywer en mynfinansier sir Percy Fitzpatrick die huis bewoon. Dis in 1972 gesloop om plek te maak vir die oprigting van die Johannesburgse hospitaal. 'n Erfenisplaket is aangebring om die plek aan te dui waar Parktown se eerste herehuis gestaan het, hoewel Marienhof (wat ook intussen gesloop is) reeds in 1890 op 'n gedeelte van die plaas Braamfontein opgerig is wat ook vandag binne Parktown se grense val. Van dié herehuis bly wel gedeelte van die oorspronklike klipmuur en hekke oor. Tylney Hall, HampshireWysig Die eerste Tylney Hall is omstreeks 1700 gebou, hoewel ’n herehuis sedert die 16de eeu op die perseel gestaan het. In 1725 het die landgoed deur die vroulike lyn in besit gekom van Richard Child, burggraaf Castlemaine, later graaf van Tylney. Tydens sy eienaarskap is ’n groot, formele tuin aangelê. Ná die huwelik van Catherine Tylney Long in 1812 met William Wellesley Pole en hul geldelike probleme, is die herehuis afgebreek en die waardevolle timmerhout op die landgoed verkoop. Van 1857 tot 1878 was die eiendom onbewoon. In die 1870’s het Charles E. Harris geleidelik grond op die landgoed begin koop en eindelik sowat 1 215 ha bekom. Daarna het hy Edward Birchall opdrag gegee om ’n nuwe herehuis op dieselfde plek as die 18de-eeuse huis te bou. Selden Wornum het Tylney Hall van 1899 tot 1901 aansienlik gewysig in opdrag van die Phillipse, wat dit kort vantevore gekoop het. Hy het ook die formele tuin aangelê, onder meer die Italiaanse Terrace, Hollandse Tuin en die kombuistuin. Van 1901 tot 1904 het Robert Weir Schultz opdrag by Florence Schultz gekry om die beddings en formele dele van ’n weelderige tuin aan te lê, wat ’n oranjerie, kweekhuise, somerhuise, boothuis, ens. moes insluit. Omstreeks die tydstip waarop die Phillipse na Suid-Afrika teruggekeer het, 1906, het Gertrude Jekyll opdrag gekry om Schultz van die ontwerp en plante te voorsien vir ’n wilde tuin, en vir blomomramings in die tuin. Die Phillips-egpaar het Tylney Hall voor die Eerste Wêreldoorlog verkoop Tydens die oorlog is dit as hospitaal gebruik. Dit is in 1919 weer verkoop, die keer aan maj. Cayzer, later lord Rotherwick, wat die landgoed in 1933 aan sy skeepsredery verkoop het. Dit het toe die hoofkantoor van die Clan-redery geword. In 1936, sir Lionel Philips se sterfjaar, is die huis en park aan Middlesex se graafskapsraad verkoop en is dit in ’n tehuis omskep. Die park is verkoop aan die Tylney-gholfklub en toe die graafskapsraad afgeskaf is, het die Brent Borough Council die Tylney Hall oorgeneem. In 1984 het dié plaaslike owerheid die huis en 25 ha-tuin aan Celebrated Country Hotels verkoop. Die raad het ’n gedeelte van die parkgrond behou om te gebruik as buitelugopvoedingsentrum en die res van die park word steeds benut as gholfbaan. Villa ArcadiaWysig Anders as Hohenheim staan die herehuis wat die Phillipse laat bou het met hul terugkeer in Johannesburg, Villa Arcadia, vandag nog en word dit bewaar as deel van Johannesburg se erfenis. Dié indrukwekkende woning is geleë by Oxfordstraat 22, Parktown. Villa Arcadia was oorspronklik ’n voorafvervaardigde Switserse chalet wat in 1897 opgerig is vir die Duitse sakeman Carl Rolfe. Ná die weelde waaraan sy in Engeland gewoond was, het Florence haar voorgeneem om dié chalet in ’n spogwoning te omskep. In 1909 het niemand minder nie as sir Herbert Baker versoek om die plan daarvoor te teken. Hy is bygestaan deur sy indertydse vennoot, Francis Edward Masey. Dit was een van hul laaste gesamentlike projekte, want die volgende jaar het Masey uitgewyk na Suid-Rhodesië om te ontsnap aan Baker se oorheersing. Florence het groot inspraak in die ontwerp gehad. Op Baker se voorstel is ’n musiekkamer gebou wat deur ’n binnehof van die hoofwoning geskei word. Die vooraansig van die verdieping huis word oorheers deur ’n lang veranda op die grondvloer met 11 boë. Die huis het selfs vandag nog ’n panoramiese uitsig, nou oor die M1-snelweg en die parkgebied wat eens op ’n tyd bekendgestaan het as Sachsenwald. Vandag kyk Villa Arcadia uit op die voorstede Saxonwold en Forest Town asook die Johannesburgse Dieretuin, nog ’n geesteskind van die mynmagnate, onder ander Florence en Lionel Phillips. Met hul verhuising na die Kaap het die egpaar Phillips Villa Arcadia in 1922 verkoop. Genl. Jan Smuts het in 1923 ’n Joodse weeshuis daarin ingewy. Dat Villa Arcadia in 1939 meer as 400 Joodse wese kon huisves – die hoogste getal in die weeshuis se bestaan – gee ’n aanduiding van die grootte van die huis. Die Joodse weeshuis het tot 2002 besluit. Die versekeringsmaatskappy Hollard, ’n geesteskind van die miljoenêr Dick Enthoven, besit Villa Arcadia tans (2016). Dit huisves ’n versameling moderne kuns, etlike raadsale en vermaakgeriewe. Die bewoording op die plaket van Johannesburg City Heritage buite Villa Arcadia lui (vry vertaal): "In 1898 is ’n Switserse chalet hier gebou vir die handelaar Charl Rolfes. In 1906 is dit gekoop deur die Rand Lord en LP sit Lionel Phillip, voorsitter van Rand Mines. Sy invloedryke vrou, Florence, stigter van die Johannesburgse Kunsmuseum en beskryf was Geen Gewone Vrou, was saam met die argitek sir Herbert Baker verantwoordelik vir die skep van die huidige Villa Arcadia. Sekere van die ontwerpeienskappe word weerspieël in die Uniegebou, wat Baker in 1910 ontwerp het. In 1923 het dit, as eiendeom van die SA Joodse Weeshuis, The Arc geword en kinders vir die daaropvolgende 78 jaar gedien. Hollard het dit in 2003 gekoop, waarna die Villa se oorspronklike elegansie en geskiedkundige vakmanskap gerestoureer is. ’n Versameling moderne kuns dra hiertoe by." VergelegenWysig Die geskiedkundige plaas Vergelegen aan die noordoostelike kant van Somerset-Wes was oorspronklik die landgoed van goewerneur Willem Adriaan van der Stel. In 1700 het die VOC se kommissaris Wouter Valckenier die Kaap besoek en aan die goewerneur die plaas Vergelegen van 344 ha geskenk. Van der Stel het die plaas kort daarna deur die aankoop van aangrensende grond aansienlik vergroot en 400 000 wingerdstokkies aangeplant en met beeste, skape, varke en perde geboer. Verder het hy 'n groot vrugteboord aangelê en kanferbome en 30 000 akkerbome aangeplant. 'n Weelderige plaaswoning is in 1701 gebou, omring deur 'n dik agthoekige muur om die opstal en vee teen wilde diere te beskerm. Uit die huis was daar 'n mooi uitsig oor die tuine, landerye en Valsbaai. Verder bou hy 'n slawelosie, 'n perdestal, 'n koringmeul, 'n smidswinkel, 'n koeistal, skaapkrale en twee dorsvloere. Nadat Van der Stel na Nederland teruggeroep is, is die plaas deur die VOC in vier dele verdeel en verkoop. Barend Gildenhuys het die deel met die huis aan die suidoostelike kant van die rivier in 1709 op die veiling vir 9 500 gulden gekoop. Sy deel was 145 ha groot en is vandag bekend as die plaas Vergelegen. In 1751 is Jurgen Radyn, in 1757 Arnoldus Maasdorp, in die 1770's Jacob Malan en in die 1780's Rudolph Loubser die boere op Vergelegen. In 1798 kom M.W. Theunissen daar woon en hy gee baie aandag aan die wingerde en brei dit selfs uit. Laat in die 19de eeu is die meeste van die wingerde hier soos elders in die wêreld uitgewis deur filloksera, 'n plantluis wat die wingerdwortels aantas. Vroeg in die 20ste eeu was die geboue in ’n halfvervalle toestand nadat die eienaars agtereenvolgens met die jare tallose veranderings aangebring het. Die oorspronklike tekeninge uit die Van der Stel-tydperk het egter behoue gebly en so kon Florence toesien dat die huis en tuin tot hul eertydse glorie herstel word. Toe Lionel die landgoed Vergelegen in 1917 koop, het hy dit in Florence se naam laat oordra. Die herehuis was destyds in 'n ellendige toestand. Florence het 'n argitek, Joseph Solomon, aangestel om die huis te restoureer.[22] Sy opdrag was om eers die Bolandse Kaaps-Hollandse plaasargitektuur te bestudeer voordat hy die projek aanpak. Gevolglik was dit een van die beste maar ook duurste restourasieprojekte van sy tyd. Die wynkelder is as sir Lionel se biblioteek ingerig; Florence het die oktogonale tuin laat aanlê. Ná lady Florence se dood in Augustus 1940 is Vergelegen en die inhoud van die huis in Junie 1941 op ’n veiling verkoop. Charles (Punch) Barlow en sy vrou, Cynthia, het die plaas gekoop. Sy was net so toegewyd aan Vergelegen soos lady Florence en kon talle van die pragtige meubelstukke, kunsvoorwerpe en skilderye op die veiling aanskaf wat lady Florence met die jare bymekaargemaak het. By di versameling het Cynthia haar eie aansienlike versameling skatte gevoeg en so die tradisie van Vergelegen gehandhaaf. Die Barlows het die boerdery op die plaas laat herlewe en ’n Jersey-stoet begin wat een van die grootste en beste in die land sou word. Hulle het groot perskeboorde aangeplant en die wingerde herplant, hoewel op ’n beperkte skaal.[23] Hul seun, Tom, het die plaas se in 1966 by sy ouers oorgeneem en dit bedryf tot die Anglo American-korporasie dit in Oktober 1987 gekoop het. Die korporasie het die grond en klimaat behoorlik laat toets voor hy die wingerde hervestig het. Indringerplante is uitgeroei en ’n indrukwekkende, veelvlakkige, gesonke wynmakery op ’n heuwel gebou wat in 1992 geopen is. Vandag ding Vergelegen-wyne mee met die top-100 ter wêreld. Vergelegen word, soos regdeur sy geskiedenis, steeds besoek deur wêreldleiers en gesiene persone.[24] Sterk meningsWysig The Dopper persuasion, of which Kruger is a member, is not that to which the great mass of the Dutch population subscribes, but more resembles the Quakers, and to that sect as a rule only the very poor and ignorant class of Boer belongs. The Doppers are much more primitive in their way of life, and it is no uncommon thing for all the members of a family, representing three generations, to sleep in one room, and their uncleanness of body is only equalled by their dull immorality. (Waarmee sy waarskynlik morality bedoel het.) In dieselfde boek vra sy van die "lui" Transvalers wat “net wil rondsit en pyp rook en slegte koffie drink”: Is it right or proper that a very small section of people should take possession of such a land, and in their selfish conservatism rigorously exclude the toiling crowd? The Boer's ideal of never seeing his neighbour's smoke is an Arcadian one, but in the natural order of things impossible of realisation. The contemplation of this handful of people, with their stolidity and laziness, trying to stem the inrushing tide of civilisation is pathetic as it is hopeless.” Ook op die onderwerp van die Transvalers: “As most of these people learn very imperfectly, they naturally do not always master the sense of what they read, but they nevertheless love to read aloud in sonorous and long drawn-out tones the parts of the Old Testament – the Kings and Chronicles for example – and dwell on the names of the old prophets and kings, pronouncing them in a way that is enough to make those hapless ones turn in their graves! The Transvaal Boers are fully persuaded that they are the chosen people of God, that their country is the Promised Land, and are constantly finding points of resemblance between themselves and the Israelites of old. Ook oor die ou president spoel sy haar mond uit in Recollections: Paul Kruger is so well known from the many portraits and caricatures that have appeared in recent years, as well as descriptions of him, that one from me seems superfluous. His clumsy features and small cunning eyes, set high in his face, with great puffy rings beneath them, his lank straight locks, worn longer than is usual, the fringe of beard framing his face, even his greasy frock coat and antiquated tall hat have been portrayed times without number. He is a man of quite 75 years of age now, and his big massive frame is much bent, but in his youth he possessed enormous strength, and many extraordinary feats are told of him. Once seen he is not easily forgotten. He has a certain natural dignity of bearing, and I think his character is clearly to be read on his face – strength of will and cunning, with the dulness of expression one sees in peasants' faces. ‘Manners none, and customs beastly’ might have been a life-like description of Kruger. The habit of constantly expectorating (uitspoeg), which so many Boers have, he has never lost. He is quite ignorant of conversation, in the ordinary acceptation of the word; he is an autocrat in all his ways, and has a habit of almost throwing short jerky sentences at you, generally allegorical in form, or partaking largely of Scriptural quotations – or misquotations quite as often. Like most of the Boers, the Bible is his only literature – that book he certainly studies a good deal, and his religion is a very large part of his being, but somehow he misses the true spirit of Christianity in that he leaves out the rudimentary qualities of Charity and Truth. Vir die Nederlanders in Transvaal het sy in dié boek ook nie ’n goeie woord nie: As, of course, the business of the Government required men who could at least read and write, and as Dutch is the official language of the country, Kruger, following the example of the Orange Free State, imported Hollanders to do the work. I must, however, mention that in the Free State they have had for many years such an enlightened system of education that they are now able to employ their own countrymen to do the work of the Government In the Free State the President has always been an educated man able to judge of events for himself, and many of the highest officials come from the Cape Colony as well as from their own Free State. But unhappily, in Pretoria, with very few exceptions, the Hollander is all-powerful. Now, the average Hollander who comes to South Africa dislikes the English, but for the Boer he has a most wholesome contempt in addition; he is careful to tell you that he does not understand their Dutch, and often leaves you to infer of what little account he considers them. However, the two languages are enough akin for him very soon to acquire sufficient to keep alive all the requisite dislike to the English. The Hollanders are well aware that the further the two are kept apart the better it is for their own purpose which are to make as much money as they can while in the country, to keep in their hands the most lucrative posts, irrespective of the mischief they do, and then retire comfortably to Europe. BronneWysig - ( Cameron, Trewhella. 1994. Jan Smuts. An illustrated biography. Cape Town, Johannesburg, Pretoria: Human & Rousseau. ) - ( De Kock, W.J. en ) Krüger, prof. D.W. (hoofreds.). 1972. Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek, deel II. Pretoria: Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing. - ( Malan, D.G. (voorsitter: redaksiekomitee). 1986. Johannesburg eenhonderd jaar. Johannesburg: Chris van Rensburg Publikasies (Edms.) Beperk. ) - ( Picton-Seymour, Désirée. 1989. Historical buildings in South Africa. Cape Town: Struikhof Publishers. ) - ( Potgieter, D.J. (editor-in-chief). 1973. ) Standard Encyclopaedia of Southern Africa. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery. - ( Van der Waal, Gerhard-Mark. 1986. Van mynkamp tot metropolis. Die boukuns van Johannesburg, 1886–1940. Johannesburg: Chris van Rensburg Publikasies (Edms.) Beperk. ) - ( ) Tylney Hall by Historic England. URL besoek op 25 April 2016. VerwysingsWysig - ( ) Art Times. URL besoek op 3 Mei 2016. - ( Gutsche, dr. Thelma. 1966. No ordinary woman. The life and times of Florence Phillips. Cape Town: Howard Timmins. ) - ( Van der Waal, Gerhard-Mark. 1986. Van mynkamp tot metropolis. Die boukuns van Johannesburg, 1886–1940. Johannesburg: Chris van Rensburg Publikasies (Edms.) Beperk. ) - ( Malan, D.G. (voorsitter: redaksiekomitee). 1986. Johannesburg eenhonderd jaar. Johannesburg: Chris van Rensburg Publikasies (Edms.) Beperk. ) - ( Picton-Seymour, Désirée. 1989. Historical buildings in South Africa. Cape Town: Struikhof Publishers. ) - ( Van der Waal, Gerhard-Mark. 1986. Van mynkamp tot metropolis. Die boukuns van Johannesburg, 1886–1940. Johannesburg: Chris van Rensburg Publikasies (Edms.) Beperk. ) - ( De Kock, W.J. en Krüger, D.W. (hoofreds.). 1972. ) Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek, deel II. Pretoria: Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing. - ( Potgieter, D.J. (editor-in-chief). 1973. ) Standard Encyclopaedia of Southern Africa. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery. - ( Gutsche, Thelma. 1966. No ordinary woman. The life and times of Florence Phillips. Cape Town: Howard Timmins. ) - ( ) Besonderhede oor Florence Phillips op die webtuiste Artefacts.co.za. URL besoek op 2 Mei 2016. - ( Gutsche, dr. Thelma. 1966. No ordinary woman. The life and times of Florence Phillips. Cape Town: Howard Timmins. ) - ( Potgieter, D.J. (editor-in-chief). 1973. ) Standard Encyclopaedia of Southern Africa. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery. - ( Malan, D.G. (voorsitter: redaksiekomitee). 1986. Johannesburg eenhonderd jaar. Johannesburg: Chris van Rensburg Publikasies (Edms.) Beperk. ) - ( De Kock, W.J. en Krüger, D.W. (hoofreds.). 1972. ) Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek, deel II. Pretoria: Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing. - ( Gutsche, dr. Thelma in: De Kock, W.J. en Krüger, D.W. (hoofreds.). 1972. ) Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek, deel II. Pretoria: Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing. - ( Schoeman, B.M. 1977. Parlementêre verkiesings in Suid-Afrika 1910-1976. Pretoria: Aktuele Publikasies. ) - ( Van Riet Lowe, C. en Malan, B.D. (reds.). 1949. Die gedenkwaardighede van Suid-Afrika. Pretoria: Die Staatsinligtingskantoor. ) - ( ) Monday Papers-argief, UK. URL besoek op 3 Mei 2016. - Graham Viney: Colonial Houses of South Africa. Struik-Winchester 1987 - ( ) Vergelegen se geskiedenis: die Barlow-era. URL besoek op 2 Mei 2016. - ( ) Vergelegen se geskiedenis; die Anglo American-era. URL besoek op 2 Mei 2016. Wikimedia Commons bevat media in verband met Florence Phillips. |
<urn:uuid:54fa6c71-0493-4679-b628-e6745be5d63f>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Lady_Phillips
2019-07-21T21:00:28Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527204.71/warc/CC-MAIN-20190721205413-20190721231413-00365.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999878
false
Henry Purcell Henry Purcell | || ---|---|---| Afsterwe | 21 November 1695 | | Musiekportaal | Henry Purcell (circa 1659 – 21 November 1695) was 'n Engelse komponis van barokmusiek, wie se werk vandag nog dikwels uitgevoer en opgeneem word. Sy werke behoort tot die belangrikste barokrepetoir. Hy was 'n leerling van die Engelse komponis John Blow. Purcell het sowel kerkmusiek, toneelmusiek en instrumentele werke as liedere en (semi-)operas geskrywe. Sy werke vertoon 'n interessante versmelting van die ou Elisabethaanse koortradisie met "nuwe" Italiaanse invloede. Purcell is opgelei as 'n koorjong in die Chapel Royal ten tyde die Restoration onder koning Karel II van Engeland, waar hy ook lesse van kaptein Henry Cooke, die jong gestorwe Pelham Humfrey en John Blow gekry het. Met Blow het hy 'n lewenslange vriendskapsband gehad. Blow het om en by 1680 se pos as orrelis van Westminster Abbey aan Purcell afgestaan, toe hy tot die insig kom dat sy leerling hom oortref het. Ná die dood van Purcell het Blow opnuut hierdie pos ingeneem tot en met sy dood in 1708. Die twee se liggame is nie ver van mekaar in Westminster Abbey begrawe nie, naby die orrel waarop albei eens gespeel het. Die vroegste bekende werk van Purcell is die lied Sweet Tyraness, I now resign. In sy vroeë dae as komponis het Purcell veral religieuse anthems geskryf, waar hy 'n verbasende virtuositeit aan die dag gelê het en met tallose spesiale effekte geëksperimenteer het, soos die verskuiwing van sleutels en die tipiese Purcelliaanse "word painting": wanneer daar in die teks byvoorbeeld 'n woord as "laag" voorkom, dan set Purcell dit ook daadwerklik op 'n verskriklik lae noot, en vice cersa met woorde wat as "hoog" voorkom. Belangrike anthems van die twintiger Purcell is My Beloved Spake, waarin hy voëlgesang naboots, The Bell Anthem, met kerkklokimitasies, die kers-anthem Behold, I Bring you Glad Tidings, die erg argaïese Jehova, quam multi sunt hostes mei, waarmee hy bewys dat hy die ou kontrapuntiese tegnieke van Thomas Tallis onder die knie gekry het, en I was Glad, vir die troonbestyging van die dubbelmonargie van Willem III van Organje-Nassau en Maria II van Engeland ná die Glorious Revolution van 1689. Namate Purcell méér toneelmusiek begin komponeer, verminder sy anthems in aantal. Purcell het 'n gewilde komponis geword van welkomsliedere vir vorstelike persone en lofgesange (odes), waarvan die eerste, Welcome, Viceregent of the Mighty King, reeds in 1680 geskryf is. Hy het in 1685 'n kroningsgesang vir die kroning van Jakobus II van Engeland, My Heart is Inditing, geskryf.[1] Hy het ook die orrel bepseel tydens die kroning van Willem en Mary in 1689. Van Purcell is slegs vier korte orrelwerke bekend: die sogenaamde voluntaries. Hy het een volwaardige opera, Dido and Aeneas, geskryf, asook vyf semi-operas, een term wat deur Roger North bekend gemaak is om te verwys na 'n soort musiekteater waarin daar ook gesproke teks voorkom – in werklikheid 'n opvolger van die masque (gemaskerde bal). Hierdie semi-operas is The Prophetess, or the History of Dioclesian, King Arthur, or the British Worthy, The Fairy Queen, The Indian Queen, en The Tempest, or the Enchanted Isle. Die meeste van hierdie werke word tans maar selde uitgevoer, behalwe vir Dido and Aeneas op teks van die Ier Nahum Tate, die latere Poet Laureate. Honderde liedere, waaronder vele op tekste van Abraham Cowley en 'n aantal van die jonge William Congreve, is pas in die laaste dekades onder die stof uitgehaal, grotendeels danksy die toewyding van die kontratenoor Alfred Deller. Purcell het ook 'n groot aantal dikwels onwelvoeglike drinkliedere, die sogenaamde catches, gekomponeer; hiervan is Pox on you die berugste, met die beroemde winde- en boerverwerking. In 1695, die jaar van sy dood, het hy musiek vir die roudiens van Koningin Maria geskryf. Purcell se vriendskap met die digter John Dryden het gereeld tot buitengewoon indrukwekkende en vrugbare samewerking tussen die twee gelei. Só het hierdie samewerking die teks vir die patriotiese semi-opera, King Arthur, or the British Worthy, gelewer, wat ontelbare klassieke arias oplewer en eweneens verskriklik snaakse scenes met bytende satire bevat het. Sy verskillende Odes for Saint Cecilia's Day, soos Welcome to all the Pleasures en Hail! Bright Cecilia, geniet teenwoordig 'n hernieude belangstelling en word van ál sy odes die gereeldste uitgevoer. Hulle val op deur 'n sterk melankoliese gemoedsstemming, afgewissel met swaar bombastiese kooreffekte. Purcell het ook die trompet, wat voorheen slegs vir militêre musiek gebruik is, in die teater bekend gestel.
<urn:uuid:40bd100c-c229-472d-8217-267f85636394>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Henry_Purcell
2019-07-15T17:57:43Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195523840.34/warc/CC-MAIN-20190715175205-20190715201205-00149.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999934
false
Bespreking:1 Jump to navigation Jump to search Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die 1-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. | Artikelriglyne Daaglikse bladtrekke | |
<urn:uuid:9ab08998-8478-4e14-84c0-f164cefe438f>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:1
2019-07-16T22:53:00Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00309.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999997
false
Goa Goa (uitgespreek /ˈɡoʊ.ə/) is die kleinste deelstaat in Indië. Die hoofstad is Panaji (voorheen Panjim) en die grootste stad is Vasco da Gama (met sowat eenhonderdduisend inwoners). Die deelstaat het 'n bevolking van sowat 1,5 miljoen (2011), en het 'n oppervlakte van 44 212 km². Goa was baie lank ’n kolonie van Portugal. Trouens, die Portugese beheer het vier en 'n halwe eeu lank geduur, van 1510 tot 1961, waarna dit deur Indië geannekseer is. Eksterne skakels[wysig | wysig bron]
<urn:uuid:7731e0d0-4b9a-47ee-88c4-6c3aec6e1177>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Goa
2019-07-16T22:52:27Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00309.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999764
false
Verwante veranderings Jump to navigation Jump to search Tik 'n bladsynaam om veranderinge aan bladsye te sien wat daarvan of daarheen skakel. (Om inskrywings van 'n kategorie te sien, tik Kategorie:Naam van kategorie). Veranderinge aan bladsye op u dophoulys word in vetdruk aangedui. Lys van afkortings: - N - Met die wysiging is 'n nuwe bladsy geskep. (sien ook die lys van nuwe bladsye) - k - Hierdie is 'n klein wysiging - b - Hierdie wysiging is deur 'n bot gemaak - D - Wikidata-wysiging - (±123) - Bladsy is met die aantal grepe gewysig 16 Julie 2019 - Module:Citation/CS1; 20:38 -23 768 K175 Wysigings deur K175 teruggerol na laaste weergawe deur Fluxbot Etiket: Terugrol k - Module:Citation/CS1; 20:37 +23 768 K175 Sinchroniseer vanaf en:Module:Citation/CS1
<urn:uuid:33c9d4ae-49de-49bb-b6cd-753a33b83208>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:OnlangseVeranderingsMetSkakels/Elandsdoorn
2019-07-16T22:57:19Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00309.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999922
false
Colin McGinn Colin McGinn (* 10 Maart 1950) is 'n Engelse filosoof aan Miami Universiteit.[1] Hy is primêr bekend vir die bevordering van 'n filosofiese siening bekend as die Nuwe misterianisme, wat deel is van die geestesfilosofie. Volgens die Nuwe Misterianisme beskik die menslike verstand nie fundamenteel oor die vermoë om homself volkome te verstaan nie. Dit is volgens McGinn die rede waarom die mens dit so moeilik vind om sy bewussyn te verstaan. McGinn se antwoord op die ingewikkelde probleem van bewussyn is dat die mens uiteindelik nie die antwoord kan bekom nie. Colin McGinn is ook 'n fiksieskrywer. Colin McGinn | | Gebore | 10 Maart 1950 West Hartlepool, graafskap Durham, Engeland | ---|---| Blyplek | Miami, Florida | Nasionaliteit | Verenigde Koninkryk | Alma mater | BA (Hons), sielkunde, Universiteit van Manchester (1971) MA, sielkunde, Universiteit van Manchester (1972) BPhil, filosofie aan die Universiteit van Oxford (1974) | Bekend vir | Nuwe misterianisme | Inhoud LewensloopWysig McGinn is gebore in West Hartlepool, 'n dorp in die graafskap Durham, Engeland. Verskeie van sy familie, insluitende albei oupas, was mynwerkers. Sy pa, Josef, het die skool verlaat om 'n mynwerker te word, maar het nagskool bygewoon en in plaas daarvan 'n boubestuurder geword. McGinn was die oudste van drie kinders, almal seuns. Toe hy drie was, het die gesin verhuis na Gillingham, Kent, en agt jaar later na Blackpool, Lancashire.[2] In 1968 begin hy 'n graad in sielkunde aan die Universiteit van Manchester, wat in 1971 'n eersteklas honneursgraad behaal het en 'n MA in 1972, ook in die sielkunde. Hy is in 1972 aan Jesus College, Oxford, toegelaat om eers vir 'n nagraadse baccalaureusgraad te studeer, maar het op aanbeveling van sy adviseur, Michael R. Ayers, na die Baccalaureus in Filosofie (BPhil) se nagraadse program oorgeskakel. In 1973 is die universiteit se gesogte John Locke-prys in die geestelike filosofie aan hom toegeken; een van die eksaminatore was A.J. Ayer.[3] Hy het sy BPhil in 1974 ontvang en 'n proefskrif onder die toesig van Michael R. Ayers en P. F. Strawson oor die semantiek van Donald Davidson geskryf.[4] McGinn het vir 11 jaar aan die Universiteitskollege Londen klasse aangebied, eers as 'n dosent in die filosofie (1974-1984), dan as leser (Reader) (1984-1985). In 1985 het hy Gareth Evans opgevolg as Wilde Reader in Geesteswetenskaplike Filosofie aan die Universiteit van Oxford, 'n posisie wat hy tot 1990 gehou het. Hy was besoekende professor aan die Universiteit van Kalifornië, Los Angeles (1979), Universiteit van Bielefeld (1982), Universiteit van Suid-Kalifornië (1983), Rutgers Universiteit (1984), Universiteit van Helsinki (1986), Universiteit van New York (1988) en Princeton Universiteit (1992). In 1990 het hy by die filosofie-afdeling by Rutgers aangesluit as 'n volle professor, saam met Jerry Fodor. Hy het tot en met 2005 by Rutgers gebly en in 2006 by die Universiteit van Miami aangesluit as Professor in Filosofie en Cooper Fellow.[5] WerkWysig McGinn staan veral bekend vir sy bydraes tot die filosofie van die gees, hoewel sy publikasies oor moderne filosofie 'n veel wyer veld insluit. Een van sy bekendste werke is die memoiresː The Making of a Philosopher: My Journey Through Twentieth-Century Philosophy. In sy artikel Can We Solve the Mind-Body Problem? (1989) spekuleer McGinn dat die menslike brein van natuur nie in staat is om hom heeltemal te verstaan nie. Hierdie onvermoë sou verseker dat die bewustheid al vanaf die tyd van René Descartes 'n onopgeloste raaisel is. McGinn se antwoord op die vind van die essensie van die bewustheid, is dat dit nie gevind kan word nie. Dit verduidelik hy verder in sy boek Mysterious Flame: Conscious Minds in a Material World. BibliografieWysig Geselekteerde werke van McGinn: • The Character of Mind (1982) • The Subjective View: Secondary Qualities and Indexical Thoughts (1983) • Wittgenstein on Meaning (1984) • Mental Content (1989) • The Problem of Consciousness (1991) • Moral Literacy: Or How To Do The Right Thing (1992) • The Space Trap (1992) • Problems in Philosophy: the Limits of Inquiry (1993) • Minds and Bodies: Philosophers and Their Ideas (1997) • Ethics, Evil and Fiction (1997) • Knowledge and Reality: Selected Papers (1998) • The Mysterious Flame: Conscious Minds in a Material World (1999) • Logical Properties: Identity, Existence, Predication, Necessity, Truth (2001) • The Making of a Philosopher: My Journey Through Twentieth-Century Philosophy (2002) • Consciousness and Its Objects (2004) • Mindsight: Image, Dream, Meaning (2004) • The Power of Movies: How Screen and Mind Interact (2005) • Shakespeare's Philosophy: Discovering the Meaning Behind the Plays (2006) • Mindfucking (2008) VerwysingsWysig - Seth Zweifler, "Prominent Philosopher to Leave U. of Miami in Wake of Misconduct Allegations", Chronicle of Higher Education, 4 June 2013. - Colin McGinn, The Making of a Philosopher, New York: Harper Perennial, 2003, pp. 1–4. - McGinn 2003, pp. 64, 85. For Ayer, see Colin McGinn, Minds and Bodies: Philosophers and Their Ideas, Oxford: Oxford University Press, 1997, p. 54; for information about the prize, "John Locke Prize in Mental Philosophy", Oxford University Gazette; for a list of winners, "Winners of the John Locke Prize in Mental Philosophy" Geargiveer 7 Junie 2013 op Wayback Machine, Oxford University Gazette. - McGinn 2003, pp. 76–77. - "Curriculum vitae" op Wayback Machine (archived 22 Desember 2009) (webcite) and "Faculty", Department of Philosophy, University of Miami, geargiveer 29 Mei 2012.
<urn:uuid:965da42b-3ac8-4937-b2c4-82e6976bb709>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Colin_McGinn
2019-07-21T21:41:11Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527204.71/warc/CC-MAIN-20190721205413-20190721231413-00389.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.996282
true
Hein Swart Frank Heinrich Swart, ’n Suid-Afrikaanse skrywer, is op 17 Februarie 1943 in Kaapstad gebore, waar hy grootword en skoolgaan. Sy belangstelling in skryfwerk ontstaan gedurende sy studentedae op Stellenbosch, hoewel hy eers later meer ernstig begin skryf. Inhoud Lewe en werkWysig Hy studeer in die handelswetenskappe aan die Universiteit van Stellenbosch en behaal in 1963 die B.A. Handel-graad met Ekonomie en Bedryfsekonomie as hoofvakke. Hierna doen hy sy verpligte militêre diensplig in Pretoria by die Suid-Afrikaanse Lugmag en aanvaar dan in 1966 'n betrekking op die finansiële redaksie van Die Burger in Kaapstad,[1] waar hy later ekonomiese redakteur en parlementêre verslaggewer word. Intussen studeer hy deeltyds verder deur die Universiteit van Suid-Afrika in Afrikaans-Nederlands en hy skryf in 1974 die derdejaarskursus in hierdie vak af. Ná sy aftrede stig hy Litteratus-Uitgewers, wat sy eie boeke hierna uitgee, en hy dien ook gereeld op die paneel wat die jaarlikse pryse vir finansiële joernalistiek in Suid-Afrika beoordeel.[2] Hy tree in 1968 in die huwelik met Anna Buckle van Stellenbosch. SkryfwerkWysig Hy debuteer in 1974 met die digbundel “Praathuis”,[3] wat in drie afdelings ingedeel is.[4] Die titel van die bundel kry dimensie wanneer dit met die parlement verbind word, waar ongeregtighede teen sekere bevolkingsgroepe bepraat en besluit word. Die eerste afdeling (“Oor skewe koppe en reguit vingers”) is verset teen die wêreld soos die spreker dit sien, 'n wêreld waarvan hy nie hou nie. Verset teen die wêreld word ook 'n verset teen die mense daarin. Die tweede afdeling (“Spotvoëls met kruppel bene”) hou hom besig met die mens in hierdie wêreld, wat beide los staan van die wêreld en daarvan wil onttrek, maar terselfdertyd onlosmaaklik deel is daarvan. Die derde afdeling (“Klipmure treur ook”) bevat gedigte oor die treurige algemene toestand van die mens en die wêreld, wat dus meer romanties en sentimenteel van aard is. 'n Aantal verset gedigte word in kru taal beskryf om die onderliggende verderf te illustreer, terwyl die meer sentimentele gedigte soms fraai te werk gaan, sodat die sentiment eerder as die idee sentraal staan. Van sy gedigte word opgeneem in verskeie versamel bundels, insluitende “Groot verseboek”, “Die Afrikaanse poësie in 'n duisend en enkele gedigte”, “Voorspraak”[5] en “Woordpaljas”.[6] Die gedig “Oranjezicht-bus” word in Namibië voorgeskryf aan hoërskole vir Afrikaans as Eerste Taal onderrig. Na aftrede skryf hy hoofsaaklik prosa. “Klutskloon”[7] is 'n roman waarin 'n geoloog in Israel afkom op 'n verskuilde grafkelder met oorblyfsels van die kruis waaraan Christus gesterf het, met genoeg bloed vir DNA-toetse. Hy is self steriel en reël met 'n ginekoloog dat ‘n genetiese materiaal van Christus in sy vrou se baarmoeder ingeplant word. Die kind wat gebore word, noem hy Jaycee. Volgens die persverklaring is die boek wetenskapfiksie oor die potensiële gevare van menslike kloning, maar die verhaal se fokus is eerder primêr gerig op die Christelike godsdiens. Hierdie roman verplaas Christus na die hede en maak in die proses op oneerbiedige wyse godsdiens af as geheel en al irrasioneel. “Die Derde Mag”[8][8] is 'n futuristiese politieke roman, waar dit in 2014 lyk of die ANC deur die Swart Werkersparty (SW) onttroon gaan word, wat tot allerlei intriges lei. Die ekonoom en akademikus Fritz Dekker moet met 'n plan kom om stemme vir die regering te koop, maar die ANC kan slegs met die steun van minderheidspartye mag behou. Die SW probeer 'n staatsgreep, die kabinet maak hulleself uit die voete uit vrees vir hulle lewens en die president beveel Dekker om 'n skimkabinet aan te stel en te red wat daar te redde is. Dekker word aan alle fronte bedreig, met verraaiers in eie midde, terwyl hy tussendeur ook moet probeer om sy huwelik met sy erg neurotiese vrou te red. “Moeraspadda” speel af in die sakewêreld. Die hoofkarakter is 'n gewetenlose sakeman wat op bedrieglike wyse geld van ander afrokkel en nie omgee wie of wat hy in die proses vertrap en verneuk nie. Selfs sy eie gesin word nie gespaar nie. Sy skoonseun besluit egter om iets hieraan te doen en dit loop uit op 'n verbete stryd tussen twee mans wat ewe vasberade is om beheer van die maatskappy te verkry. EerbewyseWysig In 1992 en weer in 1993 bekroon die Verbruikersraad hom vir verbruikersjoernalistiek van hoogstaande gehalte en in 1996 wen hy die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se Bill Venter-prys vir uitnemende Afrikaanse finansiële verslaggewing. PublikasiesWysig 1974 - Praathuis 2006 - Klutskloon 2007 - Die Derde Mag 2009 - Moeraspadda Ander verwysingsWysig - Worldcat: http://www.worldcat.org/identities/lccn-no2008-30133/ - Swart, Hein “Lewenskets” Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) Bloemfontein (ongepubliseerd) VerwysingsWysig - Cloete, T.T. (red.) “Die Afrikaanse literatuur sedert sestig” Nasou Beperk Eerste uitgawe 1980 - Kannemeyer, J.C. “Die Afrikaanse literatuur 1652-2004” Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe 2005 - Brink, André P. “Rapport” 15 Desember 1974 Cloete, T.T. “Tydskrif vir Geesteswetenskappe” Jaargang 15 no. 2, Junie 1975 - Coetzee, Ampie “Beeld” 19 Februarie 1975 Spangenberg, D.F. “Tydskrif vir Letterkunde” Nuwe reeks 13 no. 4, November 1975 - Askes, H. en Landman, J.N. (samestellers) “Voorspraak” Tafelberg-Uitgewers Beperk Kaapstad Eerste uitgawe Tiende druk 1994 - Pheiffer, R.H. “Woordpaljas” Human & Rousseau Kaapstad en Johannesburg Derde uitgawe Derdedruk 1993 - John, Philip “Beeld” 24 Julie 2006 Van Biljon, Madeleine “Rapport” 21 Mei 2006 - Roux, Jaybee “Beeld” 15 Oktober 2007
<urn:uuid:6a4b2963-b349-4394-997a-09b4c4f6fb89>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Hein_Swart
2019-07-21T21:11:12Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527204.71/warc/CC-MAIN-20190721205413-20190721231413-00389.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999995
false
Stalaktiet 'n Stalaktiet is 'n keël van druipsteen wat vanaf 'n grot se dak na onder groei soos water daarvan afdrup en kalsiet neergelê. Stalaktiete en stalagmiete kan soms aan mekaar vasgroei om 'n soliede kalsiet-kolom te vorm. 'n Stalaktiet is 'n keël van druipsteen wat vanaf 'n grot se dak na onder groei soos water daarvan afdrup en kalsiet neergelê. Stalaktiete en stalagmiete kan soms aan mekaar vasgroei om 'n soliede kalsiet-kolom te vorm.
<urn:uuid:a3a5e8bc-3ebe-4a8f-98e9-744dc4e670e3>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Stalaktiet
2019-07-15T18:35:15Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195523840.34/warc/CC-MAIN-20190715175205-20190715201205-00173.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999915
false
Swartfiguurstyl Die swartfiguurstyl is ’n verftegniek wat in Antieke Griekeland vir erdewerk gebruik is (Grieks: μελανόμορφα, melanomorpha). Dit was veral tussen die 7de en 5de eeu v.C. gewild, hoewel voorbeelde van tot die 2de eeu v.C. dateer. Stilisties kan dit onderskei word van die voorafgaande Oriëntaliserende tydperk en die daaropvolgende rooifiguurstyl. Beskrywing[wysig | wysig bron] Figure en ornamente is op potte geverf wat herinner aan silhoeëtte. Delikate kontoerlyne is in die verf aangebring voor dit gebak is, en detail kon uitgebring word deur dowwe kleure by te voeg, gewoonlik wit en rooi. Die belangrikste plekke waar die styl gebruik is, was aanvanklik die kommersiële middelpunt Korinthe en later Athene. Veral in Italië is individuele style ontwikkel wat minstens gedeeltelik vir die Itruskiese mark bedoel was omdat dié styl veral daar baie gewild was. Griekse kunstenaars het artikels op aanvraag vir Etruskers gemaak wat van hul gewone styl verskil het en die Etruskers het later hul eie swartfiguurstyl ontwikkel wat op die Grieke s’n geskoei was. Dié styl op vase was die eerste kunsstyl wat aanleiding gegee het tot ’n aansienlike getal identifiseerbare kunstenaars. Sommige is onder hul eie name bekend, ander net onder name wat in wetenskaplike geskrifte aan hulle gegee is. Veral Attika was die tuiste van bekende kunstenaars. Sommige pottebakkers het ’n verskeidenheid nuwighede bekendgestel wat dikwels die werk van die skilders beïnvloed het; soms het die skilders weer die pottebakkers geïnspireer. Vase in die rooi- en die swartfiguurstyl is een van die belangrikste bronne van Griekse mitologie en ikonografie, en ook soms om die alledaagse antieke Griekse lewe na te vors. Hulle is minstens van die 19de eeu af die onderwerp van intense ondersoek.
<urn:uuid:f57e06f7-8eb7-459b-959a-e661a3bf09dd>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Swartfiguurstyl
2019-07-23T05:14:15Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00013.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999979
false
Kategorie:Liedartikels sonder liedskrywers Hierdie is 'n versteekte kategorie Dit kategoriseer bladsye vir administratiewe doeleindes. Dit vorm nie deel van die ensiklopedie nie. | This category is for articles about songs where the article is missing the songwriters, because it has not been researched, noted in the relevant article, or available in a reliable source. If the songwriter is never likely to be known (e.g. for historical works), please use Category:Songwriter unknown. Hierdie kategorie bevat geen bladsye of media nie.
<urn:uuid:6e8c0251-6801-4694-b23c-b6f32deb5653>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Liedartikels_sonder_liedskrywers?from=Rv
2019-07-16T23:01:23Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00357.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.909397
false
Roberto Merhi Roberto Merhi | | ---|---| Merhi by die 2015 Maleisiese Grand Prix Geboortedatum | 22 Maart 1991 | Geboorteplek | Castellón, Spanje | Volle naam | Roberto Merhi Muntan | Nasionaliteit | Spanjaard | Ou span(ne) | Marussia-Ferrari | Motornommer | 98 | Inskrywings | 14 (13 begin) | Oorwinnings | 0 | Podiums | 0 | Loopbaanpunte | 0 | Eerste wedren | 2015 Australiese Grand Prix | Laaste inskrywing | 2015 Aboe Dhabi Grand Prix | Roberto Merhi Muntan (gebore 22 Maart 1991) is 'n Spaanse renjaer van Libanees-Brasiliaanse oorsprong, wat in 2015 vir die Manor Marussia F1-span in Formule Een, sowel as in die Formule Renault 3.5-reeks vir Pons Racing gejaag het. Merhi was ook lid van die hernuwe Mercedes-Benz Juniorspan, saam met Christian Vietoris en Robert Wickens. In 2011 het Merhi die Formule 3 Euro-reekskampioenskap vir Prema Powerteam verower. Verwysings[wysig | wysig bron]
<urn:uuid:e6a16132-25c7-430c-b179-9caa9c98312f>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Roberto_Merhi
2019-07-16T23:26:19Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00357.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.997941
false
71ste Oscar-toekenningsaand Datum | 21 Maart 1999 | | Plek | Dorothy Chandler Pavilion, Los Angeles | | Aanbieder | Whoopi Goldberg | | Pryse & benoemings | || Beste rolprent | Shakespeare in Love | | Meeste pryse | Shakespeare in Love (7) | | Meeste benoemings | Shakespeare in Love (13) | Die 71ste Oscar-toekenningsaand is op 21 Maart 1999 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Los Angeles gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 1998. Whoopi Goldberg was die aanbieder. Dit was die eerste keer dat die seremonie op ’n Sondag plaasgevind het. Dit het besonder lank aangehou, veral vanweë die besonder lang wennerstoesprake. Dit was ook die laaste keer dat dit in die Dorothy Chandler Pavilion in Los Angeles aangebied is nadat dit byna 30 jaar lank die tuiste van die Oscars was. Die suksesvolste prent was Shakespeare in Love, wat 13 benoemings gekry en sewe Oscars gewen het, onder meer vir beste rolprent. Saving Private Ryan en Life Is Beautiful het onderskeidelik 11 en sewe benoemings gekry. Eersgenoemde het vyf pryse gewen en laasgenoemde drie. Drie van die prente wat vir beste rolprent benoem is (Life is Beautiful, Saving Private Ryan en The Thin Red Line) speel in die Tweede Wêreldoorlog af en die ander twee (Shakespeare In Love en Elizabeth) in die Elizabethaanse Engeland. Dit was die eerste keer dat twee akteurs benoem is vir die vertolking van dieselfde persoon in twee verskillende prente: Cate Blanchett in Elizabeth en Judi Dench in Shakespeare in Love as koningin Elizabeth I. Pryse[wysig | wysig bron] Hier volg ’n lys van die belangrikste wenners en benoemdes (die wenners word eerste genoem en is in vet druk):[1] Beste rolprent | Beste regisseur | ---|---| Beste akteur | Beste aktrise | Beste manlike byspeler | Beste vroulike byspeler | Beste oorspronklike draaiboek | Beste verwerkte draaiboek | Beste buitelandse rolprent | Beste oorspronklike liedjie | Beste oorspronklike musiek, drama | Beste oorspronklike musiek, blyspel of komedie | Beste kunsredigering | Beste kinematografie | Beste rolprentredigering | Beste visuele effekte | Ereprys[wysig | wysig bron] Irving G. Thalberg-prys[wysig | wysig bron] - Norman F. Jewison Verwysings[wysig | wysig bron] - "The 71st Academy Awards (1999) Nominees and Winners". oscars.org. Besoek op 2011-11-19.
<urn:uuid:b2b22052-f762-485e-a856-7c248851ae66>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/71ste_Oscar-toekenningsaand
2019-07-19T10:43:55Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00117.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999928
false
Witrugnagreier Witrugnagreier | |||||||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Bewaringstatus | |||||||||||||||| Wetenskaplike klassifikasie | |||||||||||||||| Binomiale naam | |||||||||||||||| Gorsachius leuconotus | |||||||||||||||| Sinonieme | |||||||||||||||| Die witrugnagreier is 'n skaars standvoël. Identifikasie[wysig | wysig bron] Habitat[wysig | wysig bron] Kom een-een of in pare ylverspreid langs stil riviere en damme voor. Skugter; skuil bedags in digte oewerplantegroei en kom net snags te voorskyn. Verspreiding[wysig | wysig bron] In Suidelike Afrika kom hulle voor vanaf Knysna, al langs die kusstrook wat ooswaarts en noord-ooswaarts strek, oor KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Limpopoprovinsie, Mosambiek en Zimbabwe, asook Noordwes en dele van Namibië , maar die grootste hoeveelheid in die pypsteel van die Okavangodelta in noord-Botswana. Daar is ook afgesonderde groepies langs die kus in die Wes-Kaap en die benede- Garieprivier. Geluid[wysig | wysig bron] As hy opgejaag word, maak hy 'n padda-agtige "kraak". Ander name[wysig | wysig bron] - Wetenskaplike naam: Gorsachius leuconotus - Engelse naam: "White-backed Night Heron" Sien ook[wysig | wysig bron] - Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls - Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) - Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
<urn:uuid:ee635a26-70a5-4fc4-8635-b98286386e29>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Witrugnagreier
2019-07-19T10:47:57Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00117.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998114
false
Boekbronne Jump to navigation Jump to search Biblioteke Suid-Afrika: - Soek die boek in die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika se katalogus - Soek die boek in die SEALS Konsortium se biblioteek - Soek die boek in die Universiteit van Suid-Afrika se biblioteek - Soek die boek in die Universiteit van die Witwatersrand se biblioteek - Soek die boek in die Kaapse Hoër Onderwys Konsortium se biblioteek Wêreldwyd: - Soek die boek deur WorldCat in jou plaaslike biblioteek se katalogus Boekwinkels Suid-Afrika: Ander lande:
<urn:uuid:5cad6344-5be0-4734-a59c-e119bb057f98>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Boekbronne/1-85973-661-0
2019-07-20T15:58:53Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526536.46/warc/CC-MAIN-20190720153215-20190720175215-00277.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999935
false
Verwante veranderings Jump to navigation Jump to search Tik 'n bladsynaam om veranderinge aan bladsye te sien wat daarvan of daarheen skakel. (Om inskrywings van 'n kategorie te sien, tik Kategorie:Naam van kategorie). Veranderinge aan bladsye op u dophoulys word in vetdruk aangedui. Lys van afkortings: - N - Met die wysiging is 'n nuwe bladsy geskep. (sien ook die lys van nuwe bladsye) - k - Hierdie is 'n klein wysiging - b - Hierdie wysiging is deur 'n bot gemaak - D - Wikidata-wysiging - (±123) - Bladsy is met die aantal grepe gewysig 19 Julie 2019 - Verenigde State van Amerika; 20:17 -2 Voyageur Rol weergawe 2017317 deur 220.127.116.11 (bespreek) terug. Etikette: Ongedaanmaking, PHP7 k - Verenigde State van Amerika; 20:16 +2 18.104.22.168 Etikette: Selfoonbydrae, Wysiging op selfoonwerf 17 Julie 2019 16 Julie 2019 - Module:Citation/CS1; 20:38 -23 768 K175 Wysigings deur K175 teruggerol na laaste weergawe deur Fluxbot Etiket: Terugrol k - Module:Citation/CS1; 20:37 +23 768 K175 Sinchroniseer vanaf en:Module:Citation/CS1 15 Julie 2019 - Londen; 21:30 +611 SpesBona Krieket en Rugby bygewerk; wat van Londen se geskiedenis sedert die Georgiaanse tydperk?
<urn:uuid:72930490-6198-4f0a-995b-b7813374780a>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:OnlangseVeranderingsMetSkakels/Ou_Mutual
2019-07-20T15:58:59Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526536.46/warc/CC-MAIN-20190720153215-20190720175215-00277.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999599
false
Hulp Bladsye wat na "Boekhoustelsel" skakel ← Boekhoustelsel Jump to navigation Jump to search Skakels hierheen Bladsy: Naamruimte: alle (Hoof) Bespreking Gebruiker Gebruikerbespreking Wikipedia Wikipediabespreking Lêer Lêerbespreking MediaWiki MediaWikibespreking Sjabloon Sjabloonbespreking Hulp Hulpbespreking Kategorie Kategoriebespreking Portaal Portaalbespreking Module Module talk Gadget Gadget talk Gadget definition Gadget definition talk Omgekeerde seleksie Filters Versteek insluitings | Versteek skakels | Versteek aansture Die volgende bladsye skakel na Boekhoustelsel : Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). Algemene grootboek ( ← skakels wysig ) Rekeningkunde ( ← skakels wysig ) Gebruiker:Legobot/Wikidata/General ( ← skakels wysig ) Bespreking:Boekhoustelsel ( ← skakels wysig ) Biblioteekkatalogus ( ← skakels wysig ) Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Boekhoustelsel " Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Gereedskap Spesiale bladsye Drukbare weergawe Ander tale Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:ab146a2e-ee6d-4460-b79d-ee8d6e5d635d>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Boekhoustelsel
2019-07-20T15:58:39Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526536.46/warc/CC-MAIN-20190720153215-20190720175215-00277.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.996685
false
'''Indiana''' ([[Engels]]: ''State of Indiana'') is 'n deelstaat in die midweste van die [[Verenigde State van Amerika]] met 6,3 miljoen inwoners. Sy hoofstad en grootste stad is [[Indianapolis]]. Indiana word in die noorde deur [[Michigan]], in die ooste deur [[Ohio]], in die suide deur Kentucky in die weste deur [[Illinois]], en in die noordweste deur die [[Michiganmeer]] begrens. Indiana se bynaam is ''Hoosier State''. Die etimologie van die woord "Hoosier" is onbekend.
<urn:uuid:3aa1f384-4761-49ce-be77-d91861c04057>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/670753
2019-07-21T22:05:51Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527204.71/warc/CC-MAIN-20190721205413-20190721231413-00437.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999824
false
Verbode Stad Die Verbode Stad is ’n paleiskompleks in Sentraal-Beijing, China. Die voormalige keiserlike paleis van die Ming-dinastie tot aan die einde van die Qing-dinastie (1420-1912) huisves nou die Paleismuseum. Die Verbode Stad het amper 500 jaar lank gedien as die woning van die keisers en hul huishoudings sowel as die seremoniële en politieke sentrum van die Chinese regering. Verbode Stad | || Plaaslike naam | 紫禁城 | | Land | Volksrepubliek China | | Soort | Kunsmuseum Keiserlike paleis Historiese terrein | | Streek | Dongcheng, Beijing | | Oppervlakte | 72 ha | | Geskiedenis | || Bouer | Kuai Xiang (argitek) | | Tydperk | 1406-1420 | | Kulture | Chinees | | Unesco-wêrelderfenisgebied | || Deel van | Keiserlike Paleise van die Ming- en Qing-dinastie in Beijing en Shenyang* | | Tipe | Kultureel | | Kriteria | i, ii, iii, iv | | Verwysings | 439-001 | | Inskripsie | 1987 (11de sessie) | | * Naam soos op die Wêrelderfenislys | Verbode Stad | || Name (taalvariante) | || Tradisionele Chinees | 紫禁城 | | Pinyin | Zǐjinchéng | | Ander name | (in Mantsjoe) | Die kompleks is tussen 1406 en 1420 gebou. Dit bestaan uit 980 geboue[1] en staan op ’n terrein van 72 ha.[2][3] Die argitektuur is tradisioneel Chinees[4] en dit het kulturele en argitektoniese ontwikkelings in Oos-Asië en elders beïnvloed. Die Verbode Stad in in 1987 deur Unesco as ’n wêrelderfenisgebied verklaar[4] en word gelys as die grootste versameling bewaarde antieke houtstrukture in die wêreld. Sedert 1925 huisves die Verbode Stad die Paleismuseum, waarvan die uitgebreide versameling kunswerke en artefakte gebou is op die keiserlike versamelings van die Ming- en Qing-dinastie. Deel van die museum se voormalige versameling is nou in die Nasionale Paleismuseum in Taipei. Albei museums was deel van dieselfde instelling, maar het geskei ná die Chinese Burgeroorlog. Sedert 2012 besoek gemiddeld 15 miljoen mense jaarliks die Verbode Stad; in 2016 was daar 16 miljoen besoekers.[5] Inhoud NaamWysig Die naam is op verskeie vlakke betekenisvol. Zí ("purper" of "pers") verwys na die Noorderster, wat in antieke China die Zíwei-ster genoem is. In tradisionele Chinese astrologie was dit die blyplek van die Hemelse Keiser. Die Verbode Stad, as die woning van die aardse keiser, was die aardse weergawe daarvan. Jin, of "Verbode", verwys na die feit dat niemand die stad sonder die keiser se toestemming kon binnegaan of verlaat nie. Chéng beteken "stad".[7] Vandag is die terrein in Chinees meestal bekend as Gùgōng (故宫), wat "Voormalige Paleis" beteken. Die museum in dié geboue word die "Paleismuseum" (故宫博物院, Gùgōng Bówùyùan) genoem. GeskiedenisWysig Bouwerk het 14 jaar geduur en ’n miljoen werkers het daaraan gewerk.[8] Materiaal het ingesluit duur hout van die boom Phoebe zhennan wat in die woude van Suidwes-China groei en groot marmerblokke uit steengroewe naby Beijing.[9] Die vloer van groot sale is uitgelê met "goue stene", spesiale stene uit Suzhou.[8] Van 1420 tot 1644 was die Verbode Stad die setel van die Ming-dinastie. In April 1644 is dit oorgeneem deur rebelle onder Li Zicheng, wat homself tot keiser van die Shun-dinastie verklaar het.[10] Hy het gou gevlug vir die gekombineerde leër van die voormalige Ming-generaal Wu Sangui en Mantsjoe-magte, en het in die proses dele van die paleis aan die brand gesteek.[11] Teen Oktober het die Mantsjoes die oppermag in Noord-China gehad en ’n seremonie is in die Verbode Stad gehou om die jong Shunzhi as leier van die Qing-dinastie te kroon.[12] Die Qing-heersers het die name van sommige hoofgeboue hernoem om klem te lê op "Harmonie" eerder as "Oppergesag",[13] die naamplate tweetalig gemaak (in Chinees en Mantsjoe)[14] en sjamanistiese elemente tot die paleis bygevoeg.[15] In 1860, tydens die Tweede Opiumoorlog, het Anglo-Franse magte beheer van die Verbode Stad oorgeneem en dit tot aan die einde van die oorlog beset.[16] In 1900 het die keiserin-weduwee Cixi tydens die Bokserrebellie uit die paleis gevlug en magte van die verdragslande het dit tot die volgende jaar beset.[16] Nadat dit die tuiste van 24 keisers was – 14 van die Ming- en 10 van die Qing-dinastie – was die Verbode Stad van 1912 af nie meer die politieke sentrum van China nie nadat Puyi, China se laaste keiser, geabdikeer het. Volgens ’n ooreenkoms met die regering van die nuwe Republiek China het Puyi in die Binnehof aangebly terwyl die Buitehof vir openbare gebruik oopgestel is,[17] totdat Puyi ná ’n bewindsoorname in 1924 uitgeskop is.[18] In 1925 is die Paleismuseum in die paleis gehuisves.[19] In 1933, met die Japannese inval in China, is die nasionale skatte uit die Verbode Stad verwyder.[20] ’n Deel van die versameling is aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog teruggebring,[21] maar die ander deel is in 1948 na Taiwan geneem. Hierdie relatief klein maar kosbare versameling is tot in 1965 gestoor en het daarna die kern van die Nasionale Paleismuseum in Taipei geword.[22] Ná die stigting van die Volksrepubliek China in 1949 is skade aan die Verbode Stad aangerig terwyl die land tot ’n rewolusionêre drif opgesweep is.[23] Tydens die Kulturele Rewolusie is verdere verwoesting egter verhoed toe premier Zhou Enlai ’n leërbataljon stuur om die paleis te beskerm.[24] In 1987 het Unesco die Verbode Stad tot ’n wêrelderfenisgebied verklaar as deel van die "Keiserlike Paleise van die Ming- en Qing-dinastie".[25] Later is "in Beijing en Shenyang" by die naam gevoeg.[26] Die Paleismuseum, wat dit bestuur, is besig met ’n restourasieprojek van 16 jaar om alle geboue tot hul toestand van voor 1912 te herstel.[27] UitlegWysig Die Verbode Stad is in ’n reghoek gebou wat van noord na suid 961 m lank en van oos na wes 753 m breed is.[2][3] Dit bestaan uit 980 geboue wat behoue gebly het met 8 886 kamerinhamme.[29][30] Volgens ’n algemene mite is daar 9 999 kamers en voorkamers,[31] geskoei op mondelinge tradisie, maar dit word nie deur opnames ondersteun nie.[32] Die Verbode Stad is so ontwerp dat dit die middelpunt van die antieke, ommuurde stad Beijing moes wees. Dit word omring deur ’n groter ommuurde gebied wat die Keiserlike Stad genoem word. Die Keiserlike Stad word op sy beurt deur die Binnestad omring; in die suide lê die Buitestad. Die Verbode Stad maak steeds deel uit van Beijing se ontwerp. Die sentrale noord-suid-as is steeds die stad se sentrale as. Dit loop na suid deur Tiananmen-poort na Tiananmen-plein, die seremoniële sentrum van die Volksrepubliek China, en van daar tot by Yongdingmen. Noord loop dit deur Jingshan-heuwel tot by die Klok-en-Tromtorings.[33] Die as wyk eintlik met twee grade af van die meridiaan en navorsers glo die as is in die Yuan-dinastie so ontwerp dat dit oplyn met Xanadu, hul ryk se ander hoofstad.[34] Mure en poorteWysig Die Verbode Stad word omring deur ’n stadsmuur van 7,9 m hoog[13] en ’n grag van 6 m diep en 52 m breed. Die mure is onder 8,62 m breed en loop smaller na bo, tot ’n breedte van 6,66 m.[35] Hulle het as beide verdedigings- en keermure vir die paleis gedien. Die binnekant is van natuurlike materiale soos grond en aan die buitekant is hulle weerskante afgerond met drie lae spesiaal gebakte stene; die tussenruimtes is met messelklei gevul.[36] Op elke hoek van die muur is ’n toring (E) met ’n ingewikkelde dak wat 72 nokke bevat.[36] Hulle is die mees sigbare deel van die paleis vir mense wat buite die muur staan en baie volksverhale wentel om die torings. Volgens een legende kon vakmanne nie ’n hoektoring weer aanmekaarsit nadat dit in die vroeë Qing-dinastie vir restourasie uitmekaargehaal is nie, en dit is eers herbou ná die ingryping van die onsterflike timmerman Lu Ban.[13] Aan elke kant van die muur is ’n poort. In die suidelike muur is die hoofhek, die Middagpoort (A).[37] In die noorde is die Poort van Goddelike Mag (B), wat op Jingshanpark uitkyk. Die oostelike en westelike poorte word die "Oostelike Gloriepoort" (D) en "Westelike Gloriepoort" (C) genoem. Die Middagpoort het twee vleuels wat uitsteek en saam vorm hulle drie kante van ’n vierkantige plein.[38] Die poort het vyf ingange. Die middelste ingang is deel van die Keiserlike Weg, wat die sentrale as van die stad en van die antieke stad Beijing self vorm. Dit loop heelpad van die Poort van China in die suide tot by Jingshanpark in die noorde. Net die keiser mag op die pad geloop of gery het, behalwe die keiserin op haar troudag en topstudente nadat hulle die Keiserlike Eksamen geslaag het.[39] Buitehof, of suidelike deelWysig Die Verbode Stad word tradisioneel in twee dele verdeel. Die Buitehof (外朝) of Voorhof (前朝) is die suidelike deel en is vir seremoniële doeleindes gebruik. Die Binnehof (内廷) of Agterpaleis (后宫) is die noordelike deel en was die tuiste van die keiser en sy huishouding. Dit is ook gebruik vir algemene staatsake. Die kompleks het oor die algemeen drie horisontale asse. Die belangrikste geboue lê op die sentrale noord-suid-as.[39] As ’n mens by die Middagpoort instap, kom jy by ’n groot plein met ’n rivier waaroor vyf brûe loop. Aan die agterkant van die plein is die Poort van Opperste Harmonie (F). Aan die ander kant van die poort is die Saal van Opperste Harmonie-plein.[40] Op dié plein is ’n marmerterras wat uit drie lae bestaan. Op die terras staan drie sale, wat die fokuspunt van die kompleks is. Van suid af is hulle die Saal van Opperste Harmonie (太和殿), die Saal van Sentrale Harmonie (中和殿) en die Saal van die Bewaring van Harmonie (保和殿).[41] Die Saal van Opperste Harmonie (G) is die grootste en is sowat 30 m hoog. Dit was die seremoniële sentrum van keiserlike mag en is die grootste houtstruktuur in China wat bewaar gebly het. In die plafon in die middel van die saal is in ingewikkelde caisson (uitgeholde deel) wat met ’n draak versier is. Uit sy bek kom ’n kandelaaragtige stel metaalballe, wat die Xuanyuan-spieël genoem word.[42] Tydens die Ming-dinastie het die keiser hier oudiënsies gehou om staatsake te bespreek. Tydens die Qing-dinastie, toe baie meer oudiënsies gehou is, is ’n ander gebou daarvoor gekies en is die Saal van Opperste Harmonie net vir seremonies soos kronings, inhuldigings en keiserlike troues gebruik.[43] Die Saal van Sentrale Harmonie is ’n kleiner, vierkantige saal wat die keiser gebruik het om voor en tydens seremonies te rus en voor te berei.[44] Die saal daaragter, die Saal van die Bewaring van Harmonie, is gebruik om vir seremonies te repeteer; dit is ook waar die laaste deel van die Keiserlike Eksamen afgelê is.[45] Al drie sale het keiserlike trone, waarvan die een in die Saal van Opperste Harmonie die grootste en uitspattigste is.[46] In die suidweste en suidooste van die Buitehof is die Sale van Militêre Voortreflikheid (H) en van Letterkundige Glorie (J). Die keiser het die eerste een gebruik om oudiënsies te hou en ministers te ontmoet. Laasgenoemde is gebruik vir seremoniële lesings deur hooggeagte Confuciaanse geleerdes. ’n Eksemplaar van die groot boekversameling Siku Quanshu is hier gehou. Noordoos hiervan is die Suidelike Drie Plekke (南三所) (K), die woonplek van die kroonprins.[40] Binnehof, of noordelike deelWysig Die Binnehof word van die Buitehof geskei deur ’n langwerpige binneplein waar die keiser en sy huishouding gewoon het. Tydens die Qing-dinastie het die keiser hoofsaaklik in die Binnehof gewoon en gewerk, terwyl die Buitehof vir seremonies gebruik is.[47] In die middel van die Binnehof is nog drie sale (L). Van suid af is hulle die Paleis van Hemelse Reinheid (乾清宮), die Saal van Eenheid en die Paleis van Aardse Kalmte. Hulle is kleiner as die sale in die Buitehof en was die amptelike wonings van die keiser en keiserin. Die keiser, wat jang en die hemel verteenwoordig het, het in die Paleis van Hemelse Reinheid gewoon en die keiserin, wat jin en die aarde verteenwoordig het, in die Paleis van Aardse Kalmte. Tussenin was die Saal van Eenheid, waar die jin en jang verenig het om harmonie te skep.[48] Die Paleis van Hemelse Reinheid, ’n gebou met ’n dubbele dakrand, het op ’n wit enkellaag-marmerplatform gestaan. Dit is met ’n verhewe wandelpad aan die Poort van Hemelse Reinheid verbind. Tydens die Ming-dinastie was dit die woning van die keiser. Van keiser Yongzheng van die Qing-dinastie af het die keiser in die kleiner Saal van Geestelike Groei (N) wes daarvan gewoon uit respek vir die nagedagtenis van keiser Kangxi.[13] Die paleis het toe die keiser se oudiënsiesaal geword.[49] ’n Caisson in die dak is met ’n draak versier. Bo die troon hang ’n tablet wat lui "Regverdigheid en Eer" (正大光明, zhèngdàguāngmíng).[50] Die Paleis van Aardse Kalmte (坤寧宮) het ook ’n dubbele dakrand en is waar die keiserein tydens die Ming-dinastie gewoon het. Tydens die Qing-dinastie het die nuwe Mantsjoe-heersers groot dele van die paleis vir sjamanistiese aanbidding omskep. Tydens die bewind van keiser Yongzheng het die keiserin uit die paleis getrek. Twee kamers in die paleis is egter uitgehou vir gebruik op die keiser se huweliksnag.[51] Die Saal van Eenheid is vierkantig en het ’n piramideagtige dak. Die 25 keiserlike seëls van die Qing-dinastie en ander seremoniële voorwerpe is hier gebêre.[52] Agter hierdie drie sale lê die keiserlike tuin (M). Dis relatief klein en kompak, maar bevat verskeie uitvoerige landskapskenmerke.[53] Noord van die tuin is die Poort van Goddelike Mag. Wes van die Paleis van Hemelse Reinheid staan die Saal van Geestelike Groei (N). Dit was aanvanklik ’n minder belangrike paleis, maar het van keiser Yongzheng se bewind af die de facto-woning en -kantoor van die keiser geword. In die laaste dekades van die Qing-dinastie het die keiserin-weduwees, insluitende Cixi, oudiënsies in die oostelike deel van die saal gehou. Om die Saal van Geestelike Groei is die kantore van die Groot Raad en ander belangrike regeringsliggame.[54] In die noordoostelike deel van die Binnehof is die Paleis van ’n Kalm, Lang Lewe (寧壽宮) (O), ’n kompleks wat keiser Qianlong gebou het met die oog op sy aftrede. Dit lyk nes die Verbode Stad en bevat ’n "buitehof", "binnehof", tuine en tempels. Die ingang na die Paleis van ’n Kalm, Lang Lewe word aangedui met ’n teëlskerm met nege drake op.[55] GodsdiensWysig Godsdiens was ’n belangrike deel van die lewe aan die keiserlike hof. Tydens die Qing-dinastie is die Paleis van Aardse Kalmte vir die Mantsjoes se sjamanistiese seremonies gebruik. Terselfdertyd het die plaaslike Chinese godsdiens, Taoïsme, steeds ’n belangrike rol gespeel. Daar was twee Taoïstiese altare, een in die keiserlike tuin en een in die sentrale gebied van die Binnehof.[56] Nog ’n godsdiens tydens die Qing-dinastie was Boeddhisme. ’n Paar tempels en altare het regdeur die Binnehof voorgekom, insluitende dié van Tibettaanse Boeddhisme. Daar was ook volop Boeddhistiese ikonografie in die binnenshuise versiering van baie geboue.[57] Van hulle is die Paviljoen van die Reën van Blomme een van die belangrikstes. Dit het talle Boeddhistiese standbeelde, ikone en mandalas in rituele rangskikkings bevat.[58] MuseumversamelingWysig Die versameling van die Paleismuseum is geskoei op die Qing- keiserlike versameling. Volgens ’n opname van 1925 is sowat 1,17 miljoen kunswerke in die Verbode Stad geberg.[59] Daarbenewens het die keiserlike biblioteke ’n groot versameling seldsame boeke en historiese dokumente gehuisves, insluitende regeringsdokumente uit die Ming- en Qing-dinastie.[60] Van 1933 af het die dreigende Japannese inval meegebring dat die belangrikste deel van die museum se versameling verwyder is. Ná die Tweede Wêreldoorlog is dié versameling na Nanjing teruggebring. Die nasionalistiese regering het egter vanweë die verwagte Kommunistiese oorwinning in die Chinese Burgeroorlog besluit om die beste deel van die versameling na Taiwan te stuur. Van die 13 491 bokse artefakte wat weggestuur is, word 2 972 bokse se inhoud nou in die Nasionale Paleismuseum in Taipei gehou. Meer as 8 000 bokse is teruggestuur na Beijing, maar 2 221 bokse word nog in die Nanjing-museum gestoor.[22] Ná 1949 het die museum weer ’n opname gedoen en ook die Verbode Stad deursoek; so het hulle ’n paar belangrike voorwerpe herontdek. Die regering het ook voorwerpe uit ander museums van oor die hele land na die Paleismuseum gestuur om die versameling aan te vul. Dit het ook voorwerpe gekoop en skenkings van die publiek ontvang.[61] Vandag is daar veel meer as ’n miljoen seldsame en waardevolle kunswerke in die museum se permanente versameling,[62] insluitende skilderye, keramiekwerk, seëls, steles, beelde, bronsware, emaljevoorwerpe, ens. Tussen 2004 en 2010 het ’n nuwe opname getoon die museum het altesaam 1 807 558 artefakte, wat 1 684 490 voorwerpe insluit wat as nasionaal beskermde "waardevolle kulturele oudhede" beskryf word.[63] Einde 2016 het die Paleismuseum ’n nuuskonferensie gehou waarop hulle aangekondig het 55 132 voorheen ongelyste voorwerpe is tussen 2014 en 2016 in ’n opname ontdek. Die totale getal voorwerpe in die museum se versameling is nou 1 862 690.[64] KonsertvenueWysig Konserte word soms in die Verbode Stad gehou. Die gebruik van die terrein daarvoor is egter streng beperk weens die uitwerking van die swaar toerusting en optredes op die antieke strukture. Feitlik alle konserte wat na bewering "in die Verbode Stad" gehou word, word eintlik buite die paleismure gehou. - In 1997 het die Grieks gebore komponis Yanni ’n konsert voor die kompleks gehou; hy was die eerste moderne Westerse kunstenaar wat by die historiese terrein opgetree het. Die konsert is opgeneem en later uitgereik as deel van sy album Tribute.[65] - Giacomo Puccini se opera Turandot, die verhaal van ’n Chinese prinses, is in 1998 vir die eerste keer by die Keiserlike Altaar net buite die Verbode Stad opgevoer.[66] - In 2001 het die Drie Tenore, Plácido Domingo, José Carreras en Luciano Pavarotti, voor die kompleks se hoofpoort opgetree. - In 2004 het die Franse musikant Jean Michel Jarre saam met 260 ander musikante ’n konsert voor die Verbode Stad gehou as deel van die "Jaar van Frankryk in China"-fees.[67] The Last EmperorWysig Die laaste Chinese keiser, Puyi, se lewensverhaal is deur die Italiaanse regisseur Bernardo Bertolucci in ’n rolprent vertel. The Last Emperor speel in die Verbode Stad af nadat die owerhede Bertolucci algehele vryheid gegee het. Dit was die eerste keer dat die kompleks in ’n Westerse prent te sien is.[68] VerwysingsWysig - "故宫到底有多少间房 (How many rooms in the Forbidden City)" (in Chinese). Singtao Net. 27 September 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Julie 2007. Besoek op 2007-07-05. - Lu, Yongxiang (2014). A History of Chinese Science and Technology, Volume 3. New York: Springer. ISBN 3662441632. - "Advisory Body Evaluation (1987)" (PDF). UNESCO. Besoek op 2016-02-25. - "UNESCO World Heritage List: Imperial Palaces of the Ming and Qing Dynasties in Beijing and Shenyang". UNESCO. Besoek op 2007-05-04. - "Visitors to Beijing Palace Museum Topped 16 Million in 2016, An Average of 40,000 Every Day". www.thebeijinger.com. 3 Januarie 2017. - p26, Barmé, Geremie R (2008). The Forbidden City. Harvard University Press. - p. 18, Yu, Zhuoyun (1984). Palaces of the Forbidden City. New York: Viking. ISBN 0-670-53721-7. - p. 15, Yang, Xiagui (2003). The Invisible Palace. Li, Shaobai (fotografie); Chen, Huang (vertaling). Beijing: Foreign Language Press. ISBN 7-119-03432-4. - China Central Television, The Palace Museum. Gugong: "I. Building the Forbidden City" [Documentary]. China: CCTV. - p. 69, Yang (2003) - p. 3734, Wu, Han (1980). 朝鲜李朝实录中的中国史料 (Chinese historical material in the Annals of the Joseon Yi dynasty). Beijing: Zhonghua Book Company. CN / D829.312. - Guo, Muoruo (1944-03-20). "甲申三百年祭 (Commemorating 300th anniversary of the Jia-Sheng Year)". New China Daily (in Chinees). - China Central Television, The Palace Museum. Gugong: "II. Ridgeline of a Prosperous Age" [Documentary]. China: CCTV. - "故宫外朝宫殿为何无满文? (Why is there no Manchu on the halls of the Outer Court?)". People Net (in Chinese). 16 June 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 December 2008. Besoek op 2007-07-12. - Zhou Suqin. "坤宁宫 (Palace of Earthly Tranquility)" (in Chinese). The Palace Museum. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 September 2007. Besoek op 2007-07-12. - China Central Television, The Palace Museum. Gugong: "XI. Flight of the National Treasures" [Documentary]. China: CCTV. - p. 137, Yang (2003) - Yan, Chongnian (2004). "国民—战犯—公民 (National – War criminal – Citizen)". 正说清朝十二帝 (True Stories of the Twelve Qing Emperors) (in Chinese). Beijing: Zhonghua Book Company. ISBN 7-101-04445-X. - Cao Kun (2005-10-06). "故宫X档案: 开院门票 掏五毛钱可劲逛 (Forbidden City X-Files: Opening admission 50 cents)". Beijing Legal Evening (in Chinese). People Net. Besoek op 2007-07-25. - Sien ’n kaart van die verwyderingsroetes by: "National Palace Museum – Tradition & Continuity". National Palace Museum. Besoek op 2007-05-01. - "National Palace Museum – Tradition & Continuity". National Palace Museum. Besoek op 2007-05-01. - "三大院长南京说文物 (Three museum directors talk artefacts in Nanjing)". Jiangnan Times (in Chinese). People Net. 19 October 2003. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 December 2008. Besoek op 5 July 2007. - Chen, Jie (2006-02-04). "故宫曾有多种可怕改造方案 (Several horrifying reconstruction proposals had been made for the Forbidden City)". Yangcheng Evening News (in Chinese). Eastday. Besoek op 2007-05-01. - Xie, Yinming; Qu, Wanlin (2006-11-07). ""文化大革命"中谁保护了故宫 (Who protected the Forbidden City in the Cultural Revolution?)". CPC Documents (in Chinees). People Net. Besoek op 2007-07-25. - The Forbidden City was listed as the "Imperial Palace of the Ming and Qing Dynasties" (Official Document). - "UNESCO World Heritage List: Imperial Palaces of the Ming and Qing Dynasties in Beijing and Shenyang". Besoek op 2007-05-04. - Palace Museum. "Forbidden City restoration project website". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 April 2007. Besoek op 2007-05-03. - "President Trump granted rare dinner in China's Forbidden City". 8 November 2017. - "Amazing Facts About the Forbidden City". Oakland Museum of California. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Junie 2012. - Terwyl groter geboue in Chinese argitektuur gewoonlik verdeel word in verskillende konfigurasies, word die getal kamers in die Verbode Stad tradisioneel getel in terme van "kamerinhamme", met elke inham wat deur vier strukturele pilare gedefinieer word. - Glueck, Grace (2001-08-31). "ART REVIEW; They Had Expensive Tastes". The New York Times. - China Daily (2007-07-20). "Numbers Inside the Forbidden City". China.org.cn. - "北京确立城市发展脉络 重塑7.8公里中轴线 (Beijing to establish civic development network; Recreating 7.8 km central axis)" (in Chinees). People Net. 2006-05-30. Besoek op 2007-07-05. - Pan, Feng (2005-03-02). "探秘北京中轴线 (Exploring the mystery of Beijing's Central Axis)". Science Times (in Chinese). Chinese Academy of Sciences. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2007-12-11. Besoek op 2007-10-19. - p. 25, Yang (2003) - p. 32, Yu (1984) - Tiananmenpoort is tegnies nie deel van die Verbode Stad nie, maar ’n ingang van die Keiserlike Stad. - p. 33, Yu (1984) - p. 25, Yu (1984) - p. 49, Yu (1984) - p. 48, Yu (1984) - p. 253, Yu (1984) - The Palace Museum. "太和殿 (Hall of Supreme Harmony)" (in Chinese). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Junie 2007. Besoek op 2007-07-25. - The Palace Museum. "中和殿 (Hall of Central Harmony)" (in Chinese). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Mei 2007. Besoek op 2007-07-25. - The Palace Museum. "保和殿 (Hall of Preserving Harmony)" (in Chinese). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 September 2007. Besoek op 2007-07-25. - p. 70, Yu (1984) - p. 73, Yu (1984) - p. 75, Yu (1984) - p. 78, Yu (1984) - p. 51, Yang (2003) - pp. 80–83, Yu (1984) - China Central Television, The Palace Museum. Gugong: "III. Rites under Heaven " [Documentary]. China: CCTV. - p. 121, Yu (1984) - p. 87, Yu (1984) - p. 115, Yu (1984) - p. 176, Yu (1984) - p. 177, Yu (1984) - pp. 189–193, Yu (1984) - Wen, Lianxi (ed.) (1925). 故宫物品点查报告 [Palace items auditing report]. Beijing: Caretaker Committee of the Qing dynasty Imperial Family. Reprint (2004): Xianzhuang Book Company. ISBN 7-80106-238-8. - Dorn, Frank (1970). The forbidden city: the biography of a palace. New York: Charles Scribner's Sons. p. 176. OCLC 101030. - "北京故宫与台北故宫 谁的文物藏品多? (Beijing Palace Museum and Taipei Palace Museum: which collection is bigger?)". Guangming Daily (in Chinese). Xinhua Net. 16 January 2005. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 January 2009. Besoek op 5 July 2007. - Jackie Craven. "Forbidden City in Beijing, China". About.com: Architecture. - "Palace Museum puts its house in order". China Daily. Xinhua News Agency. 27 January 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 January 2011. Besoek op 27 January 2011. - "Palace Museum discovers 55,000 items hidden within the Forbidden City - Life & Culture News - SINA English". english.sina.com. Besoek op 2017-06-04. - "Biography". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Augustus 2011. - "Turandot at the Forbidden City, Beijing 1998". Besoek op 2007-05-01. - "Jean Michel Jarre lights up China". BBC. 2004-10-11. Besoek op 2007-05-01. - McCarthy, Todd (2009-05-11). "'The Last Emperor' - Variety Review". Variety. Besoek op 2013-02-06. Verdere leesstofWysig - Aisin-Gioro, Puyi (1964). From Emperor to citizen : the autobiography of Aisin-Gioro Pu Yi. Beijing: Foreign Language Press. ISBN 0-19-282099-0. - Huang, Ray (1981). 1587, A Year of No Significance: The Ming Dynasty in Decline. New Haven: Yale University Press. ISBN 0-300-02518-1. - Yang, Xiagui (2003). The Invisible Palace. Li, Shaobai (fotografie); Chen, Huang (vertaling). Beijing: Foreign Language Press. ISBN 7-119-03432-4. - Yu, Zhuoyun (1984). Palaces of the Forbidden City. New York: Viking. ISBN 0-670-53721-7. - Barmé, Geremie R (2008). The Forbidden City. Harvard University Press. 251 pages. ISBN 978-0-67402-779-4. - Cotterell, Arthur (2007). The Imperial Capitals of China – An Inside View of the Celestial Empire. London: Pimlico. 304 pages. ISBN 978-1-84595-009-5. - Ho; Bronson (2004). Splendors of China's Forbidden City. Londen: Merrell Publishers. ISBN 1-85894-258-6.
<urn:uuid:b8e14646-8829-4786-8f3d-26fe35a1e09d>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Verbode_Stad
2019-07-21T22:05:39Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527204.71/warc/CC-MAIN-20190721205413-20190721231413-00437.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999474
false
Vulkaan Vulkane kom tot uitbarsting op die aarde omdat die kors in sewentien groot, rigiede plaattektoniek opgebreek word wat op 'n warmer, sagter laag op sy mantel dryf.[1] Die aarde se vulkane vorm dus, oor die algemeen, waar plaattektoniek bymekaar kom of uiteen loop. Byvoorbeeld, 'n Mid-oseaniese rif, soos die Middel-Atlantiese Rif vorm 'n vulkaan wat deur uiteenlopende plaattektoniek uitmekaar getrek word, die Ring van Vuur se vulkane word gevorm deurdat die plaattektoniek bymekaar kom. Vulkane kan ook vorm waar die kors binne-plate gerek of verdun word, soos met die Oos-Afrika Rif, die Wells Gray-Clearwater vulkaangebied en die Rio Grande Rif in Noord-Amerika. Hierdie tipe van vulkane val onder die oorkoepelende "plaat-hipotetiese" vulkanisme.[2] Vulkanisme wat weg van plaatgrense af voorkom, word verklaar as mantelpluime. Dié sogenaamde "brandpunte", soos, Hawaii, is, volgens die veronderstelling, wanneer magma uit die kernmantel se wand, 3000 km diep uit die Aarde, opwel. Vulkane word gewoonlik nie gevorm waar twee plaattektonieke by mekaar verby gly nie. Vulkaanuitbarstings kan baie gevare inhou, en nie net in die onmiddellike omgewing van die uitbarsting nie. Een so 'n gevaar is die vulkaanas wat vliegtuie bedreig. Veral by stralers waar die asdeeltjies deur die hoë operasionele temperatuur gesmelt kan word. Die gesmelte deeltjies pas aan by die vliegtuig se turbine-skroewe, verander die skroewe se vorm en ontwrig die werking van die turbines. Groot uitbarstings kan die temperatuur beïnvloed aangesien die as en druppels swaelsuur die son kan verduister en die aarde se laer atmosfeer (of troposfeer) afkoel. Dit absorbeer ook die hitte wat van die aarde af uitgestraal word en verwarm die opper-atmosfeer (of stratosfeer). Histories gesproke, het vulkaanwinters al katastrofiese hongersnood veroorsaak. Inhoud EtimologieWysig Die woord vulkaan is afgelei van die naam Vulcano, 'n vulkaniese eiland in die Eolische- eilande van Italië wat die naam gekry het van Vulcan, die god van vuur uit die Romeinse mitologie.[3] Die studie van vulkane word vulkanologie genoem. VulkaankenmerkeWysig Die algemeenste opvatting van 'n vulkaan is die van 'n keëlberg wat lawa en giftige gasse uit 'n krater se spits spoeg. Dit is egter maar net een soort van talle vulkane. Die voorkoms van vulkane is baie meer kompleks as net dit, en daar is talle ander tipes van vulkane. Die kenmerke van vulkane is baie meer ingewikkeld en die strukture en gewoontes daarvan hang van verskeie faktore af. Sommige vulkane het eerder rowwe hoogtepunte met lawa-koepels as 'n spitskrater, waar ander weer uitstaan as massiewe plato's. Uitlaatplekke waar vulkaniese stowwe (lawa en as) en gasse (hoofsaaklik stoom en vulkaangasse) enige plek op die grondoppervlakte kan ontwikkel, en kleiner koepels soos Puʻu ʻŌʻō op 'n kant van Kīlauea ontketen. Ander tipes van vulkane sluit in, kriovulkane (of ysvulkane), in besonder op sommige mane van Jupiter, Saturnus, en Neptunus; en moddervulkane wat formasies is wat min met bekende magmatiese bedrywighede te doene het. Aktiewe moddervulkane neig om meer by temperature laer as die van stollingsgesteente-vulkane betrokke te wees, behalwe wanneer die moddervulkaan inderdaad 'n uitlaatklep is van 'n stollingsgesteente-vulkaan. Kieselhoudende achondriete soos Northwes Africa (NWA) 11119 is baie oud (4,565 Ga) en wys dat vulkanisme reeds vroeg in die ontwikkeling van die sonnestelsel 'n rol gespeel het. Die hitte wat deur uitsgestorwe isotope soos Aluminium-26 vrygestel is het dalk 'n belangrike rol gespeel en hemelliggame laat smelt.[4] BreukopeningeWysig Vulkaniese breukopeninge is plat, linieêre breuke waardeur die lawa uitloop. SkildvulkaneWysig Skildvulkane, so genoem vir die breë, skild-agtige profiele, word gevorm met die uitbarsting van dun lawa wat ver weg kan vloei van 'n breuk af. Dit ontplof gewoonlik nie op 'n katastrofiese wyse nie. Aangesien lae-viskositeit magma tipies min silikon bevat (mafiese lawa), is skildvulkane meer algemeen in die oseane as op die vasteland. Die Hawaiise vulkaniese ketting is 'n reeks van skildkegels . Dit kom ook algemeen voor in Ysland. LawakoepelsWysig Lawakoepels ontwikkel uit stadige uitbarstings van dik, vloeibare lawa. Dit vorm soms binne die krater van 'n vorige vulkaniese uitbarsting, soos die geval was met Mount Saint Helens, maar kan ook onafhanklik gevorm word, soos die geval met Lassen Peak. Soos met stratosvulkane, kan lawakoepels gewelddadige, ontploffende uitbarstings skep, maar die lawa vloei gewoonlik nie ver van die uitlaat af nie. KriptokoepelsWysig Kriptokoepels vorm wanneer vloeibare lawa na boontoe gedwing word, en wat dan die oppervlakte laat bult staan. Die 1980 uitbarsting van Mount Saint Helens is 'n goeie voorbeeld hiervan. Lawa onder die oppervlakte het die berg laat uitbult wat die lawa na die noordekant van die berg laat afgly het. Regdeur die geskiedenis het die as van ontploffende uitbarstings van stratosvulkane die grootste vulkaniese bedreiging vir die beskawing ingehou. Stratosvulkane bou nie net groter druk op onder die onderliggende lawavloei as die geval met skildvulkane nie, maar stratosvulkane se breukopeninge en monogenetiese vulkaanvelde (vulkaniese kegels) ondervind kragdadiger uitbarstings, aangesien dit, in baie gevalle, aan die uitbrei is.[5] DuikbootvulkaneWysig Duikbootvulkane is 'n algemene verskynsel op die seebodem. In vlak water wys aktiewe vulkane hul teenwoordigheid deur stoom en stukke rots hoog bokant die see-oppervlakte uit te blaas. In die diepte van die oseane verhoed die ontsettende gewig van die water die ontploffende uitlaat van stoom en gasse. Algemene klassifikasie van vulkaneWysig 'n Eenvoudige manier om magmatiese vulkane te klassifiseer is deur die gereeldheid van uitbarstings, met daardie wat gereeld uitbars, wat aktiewe vulkane genoem word, en daardie wat in geskiedkundige tye uitgebrars het, maar nou stil is, as "dormant of onaktief", en die vulkane wat nie in geskiedkundige tye aktief was nie, wat as "uitgesterf" bestempel word. Dié algemene klassifikasie- die uitgestorwenes in besonder- is inderdaad in die praktyk vir wetenskaplikes nutteloos. Sedert 2013 word die volgende as die aarde se aktiefste vulkane beskou:[6] - Kīlauea, die beroemde Hawaiise vulkaan, wat sedert 1983 aanhoudend en met oordadige uitbarstings aan die gang is, en spog met die grootste lawameer. - Berg Etna en die nabygeleë Stromboli, twee Middellandse See-vulkane in byna aanhoudende uitbarstings sedert antieke tye. - Berg Yasur in Vanuatu, is al "byna aanhoudend" aan die uitbars vir die afgelope 800 jaar. Die langste (maar nie noodwendig aanhoudend nie) vulkaniese uitbarstingsfases is:[7] Tegniese klassifikasie van vulkaneWysig Vlak van vulkaan-waarskuwingsWysig Die drie algemene klassifikasies van vulkane kan subjektief wees en sommige vulkane, wat kwansuis uitgestorwe was, het weer uitgebars. Om seker te maak dat mense nie onder die valse indruk kom dat dit veilig is om naby 'n vulkaan te bly nie, het lande nuwe klassifikasies aanvaar om die verskillende vlakke en stadiums van vulkane se aktiwiteite te meet.[8] Sommige waarskuwingsmeganisme gebruik verskillende kleure of nommers om die verskillende vlakke aan te dui. Ander stelsels gebruik weer 'n kombinasie van albei. Uitwerking van vulkaneWysig Daar is talle verskillende tipe van vulkaniese uitbarstings en verwante bedrywihede: freatiese uitbarstings (stoom-aangedrewe uitbarstings), plofbare uitbarstings van hoë- silikon lawa (bv. rioliet), oordrewe uitbarstings van lae-silikon lawa (bv. basalt) en koolstofdioksied vrystelling. Al hierdie aktiwiteie hou gevare vir in vir mense. VulkaangasseWysig Die konsentrasies van die verskillende vulkaangasse kan aansienlik van een vulkaan na 'n ander verskil. Waterdamp is tipies die algemeenste vulkaangas met koolstofdioksied[9] kort op sy hakke, en dan swaweldioksied. Ander belangrike vulkaangasse sluit in: waterstofsulfied, waterstofchloried, en waterstoffluoried. SuurreënWysig Die sulfaat-aërosol veroorsaak ook komplekse chemiese reaksies op sy oppervlakte wat chloor en stikstof se chemiese spesies in die stratosfeer verander. Die uitwerking hiervan, tesame met toenemende stratosferiese chloorvlakke van chloorfluoorkoolstof-besoedeling, genereer chloormonoksied wat die osoon verwoes. Namate die aërosol groei en stol, versamel dit in die boonste laag van die stratosfeer waar dit dien as kerne vir cirruswolke en verander Die aarde se stralingsbalans. Die meeste van die waterstofchloried en waterstofluoried word in die uitbarstingswolk opgelos in waterdruppels wat baie vinnig as suurreën terug aarde toe val. Die besoedelde as val ook baie vinnig uit die stratosfeer neer. Die plofbare vulkaniese uitbarstings stel uiteindelik die kweekhuisgas vry wat 'n bron van stikstof vir biochemies siklusse vrystel.[10] Gasse wat deur vulkane vrygestel word is 'n natuurlike bydraer tot suureën. Vulkaniese aktiwiteite stel sowat 130 tot 230 teragram (145 miljoen tot 255 miljoen ton) koolstofdioksied per jaar vry.[11] Vulkaniese uitbarstings kan ook aërosols in die Aarde se atmosfeer inspuit. Groot inspuitings kan visuele effekte soos buitengewoon kleurvolle sonsondergange veroorsaak en 'n globale invloed op die klimaat uitoefen- hoofsaaklik deur afkoeling. Vulkaniese uitbarstings bied die voordeel dat dit bykomende voedingstowwe vir die grond deur die verweringsproses van vulkaanrotse bied. Hierdie vrugbare grond help met die groeiproses van plante en 'n verskeidenheid gewasse. Vulkaniese uitbarstings kan ook nuwe eilande skep soos die magma (lawa) afkoel en solied word met die kontak met die water. VerwysingsWysig - NSTA Press / Archive.Org (2007). "Earthquakes, Volcanoes, and Tsunamis" (PDF). Resources for Environmental Literacy. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op July 14, 2014. Besoek op 22 April 2014. - Foulger, G.R. (2010). Plates vs. Plumes: A Geological Controversy. Wiley-Blackwell. ISBN 978-1-4051-6148-0. - Davis A. Young (January 2016). "Volcano". Mind over Magma: The Story of Igneous Petrology. Besoek op 11 Januarie 2016. - Silica-rich volcanism in the early solar system dated at 4.565 Ga Poorna Srinivasan, Daniel R. Dunlap, Carl B. Agee, Meenakshi Wadhwa, Daniel Coleff, Karen Ziegler, Ryan Zeigler, Francis M. McCubbin Nature Communications 9, Artikelnr. 3036 (2018) - Berger, Melvin, Gilda Berger, and Higgins Bond. - "The most active volcanoes in the world". VolcanoDiscovery.com. Besoek op 3 Augustus 2013. - "The World's Five Most Active Volcanoes". livescience.com. Besoek op 4 Augustus 2013. - "Volcanic Alert Levels of Various Countries". Volcanolive.com. Besoek op 22 Augustus 2011. - Pedone, M.; Aiuppa, A.; Giudice, G.; Grassa, F.; Francofonte, V.; Bergsson, B.; Ilyinskaya, E. (2014). - McGee, Kenneth A.; Doukas, Michael P.; Kessler, Richard; Gerlach, Terrence M. (May 1997). "Impacts of Volcanic Gases on Climate, the Environment, and People". United States Geological Survey. Besoek op 9 Augustus 2014. - "Volcanic Gases and Their Effects". U.S. Geological Survey. Besoek op 16 Junie 2007.
<urn:uuid:a4c8b592-1c58-49e1-b364-8c971b66a7c1>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Vulkaan
2019-07-15T18:39:17Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195523840.34/warc/CC-MAIN-20190715175205-20190715201205-00221.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999894
false
Blok (periodieke tabel) (Aangestuur vanaf Periodieke tabel blok) Jump to navigation Jump to search Blokke | ---| s-blok | p-blok | d-blok | f-blok | Die elemente word in die periodieke tabel in 'n aantal blokke ingedeel op grond van hoe die elektrone die subskille vul. Die naam van hierdie blokke word afgelei van die naam van die betrokke subskil. Ander groeperinge in die periodieke tabel is:
<urn:uuid:541f7ed4-b50b-439f-b979-3cc0515a46a9>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Periodieke_tabel_blok
2019-07-19T10:44:40Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00141.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99834
false
Ellispark-stadion Ellispark-stadion (tans bekend as Emirates Airline Park weens borgskapredes) is ’n stadion wat in Johannesburg, Gauteng, Suid-Afrika, geleë is. Die Rugbywêreldbeker 1995-eindstryd, waar die Springbokke geseëvier het, het hier plaasgevind. Die groot stadion was die land se modernste toe dit in 1982 opgegradeer is om vir bykans 60 000 toeskouers voorsiening te maak. Vandag word beide sokker- en rugbywedstryde daar gespeel en word dit ook gebruik vir ander groot geleenthede, soos onder andere opelugkonserte en geloofsbyeenkomste. Die enigste tyd wat daar nie rugby gespeel is op die veld nie, was tydens die 1980- en 1981-seisoene toe die stadion opgegradeer is. Ellispark-stadion | || Ellispark tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 Volle naam | Ellispark-stadion | | ---|---|---| Ligging | Hoek van Currey- en Staibstrate, Doornfontein, Johannesburg | | Koördinate | Koördinate: | | Eienaar | Stad Johannesburg | | Operateur | Ellis Park World of Sport | | Kapasiteit | 62 567 (sokker en rugby) 55 686 (FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010) | | Oppervlak | Gras | | Konstruksie | || Eerste sooi gespit | 1927 | | Geopen | 1928 | | Renovasie | 2009 | | Uitgebrei | 2009 | | Boukoste | £5 000 (1927) R40 miljoen (2009) | | Huurders | || Goue Leeus Lions Springbokke Orlando Pirates FC | Die stadion is genoem na mnr. J.D. Ellis wat die grond vir die bou van die stadion beskikbaar gestel het. Liga-, provinsiale en internasionale wedstryde is al in die stadion gespeel, ook bekende sokkerspanne soos Manchester United en Arsenal F.C. Ellispark-stadion is die middelpunt van ’n sportsentrum in die suidooste van Johannesburg waar dit begrens word deur die Johannesburgstadion (atletiek), die Standard Bank-stadion (tennis) en ’n Olimpiese-standaard swembad. Ellispark-stadion is die tuisveld van die volgende spanne: - Orlando Pirates FC (Premier Sokkerliga) - Goue Leeus (Curriebeker plaaslike Rugbykompetisie) - Emirates Lions (Superrugby) Krieketwedstryde het ook al in die stadion plaasgevind in die verlede. Ses toetswedstryde het tussen 1948 en 1954 daar plaasgevind, maar dit is nie weer vir eersterangse krieket gebruik sedert die opening van die Wanderersstadion in 1956 nie, en word tans slegs vir rugby en sokker gebruik. In 1889 is die Transvaalse Rugby Voetbalunie gestig (nou bekend as die Goue Leeus). Hul eerste wedstryde is by die Wanderersklub gespeel wie se gronde toe nog naby geleë was (waar die Johannesburg Parkstasie vandag is). Inhoud GeskiedenisWysig Geskille tussen die verskillende rugbyklubs destyds en ook die Wanderers se eis dat die veld vir krieket gebruik moet word het die TRVU genoop om na ’n alternatief te kyk. ’n Gebied wat voorheen gebruik is vir die stort van rommel is in 1927 in Doornfontein geïdentifiseer as ’n moontlike alternatief. Die TRVU het met die Johannesburgse stadsraad se Mnr. JD Ellis (na wie die stadium genoem is) onderhandel om die 13 akker en is die gronde toe beskikbaar gestel. Die finale huurooreenkoms is op 10 Oktober 1927 onderteken. ’n Kwotasie vir £600 is aanvaar vir die lê van die gras vir die stadion en met ’n £5 000-lening van die stadsraad af, het die bou van die stadion ’n aanvang geneem. Die stadion is in agt maande voltooi en die eerste toets teen die All Blacks is in Junie 1928 daar gespeel. Skares van tussen 38 000 en ’n rekordskare van 100 000 tydens die toets teen die Britse en Ierse Leeus in 1955 het al wedstryde daar bygewoon. Krieketwedstryde is ook daar gespeel na ’n ooreenkoms tussen die TRVU en die Transvaalse Krieketunie bereik is. Tussen 1947 toe die krieketblad gelê is en 1956 is verskeie internasionale wedstryde daar gespeel tot en met die finale wedstryd van die 1953/1954 reeks teen Nieu-Seeland. Krieket het toe verskuif na die huidige Wanderersstadion. Op 28 April 1969 het die TRVU (Transvaalse Rugby Voetbalunie) ’n komitee gestig om die moontlikhede van ’n nuwe stadion te ondersoek, aangesien die een in gebruik nie aan al die moderne vereistes voldoen het nie. Eers tien jaar later, na die wedstryd tussen Transvaal en die Wêreldspan op 31 Maart 1979, is die ou Ellispark-stadion gesloop. Rugbywedstryde is te Wanderers gespeel terwyl die nuwe stadion in aanbou was. ’n Nuwe TRVU-bestuur is in 1984 verkies met Dr Louis Luyt as voorsitter en Prof Joe Poolman as ondervoorsitter. Die besluit is toe geneem om Ellispark-stadion onder die bestuur van ’n trust te plaas. In 1987, na die notering van Ellispark-stadion op die aandelebeurs en vanweë beter finansiële bestuur onder Dr Luyt, is daar aangekondig dat die uitstaande skuld ten bedrae van R53 miljoen ten volle betaal is en dat daar voortgegaan sou kon word met die oprig van 86 nuwe losies. In 1995 het rugbykoors hoog geloop toe Suid-Afrika die gasheerland was vir die Rugbywêreldbeker 1995, die grootste gebeurtenis op die rugbykalender. Ellispark was dan ook waar die Wêreldbekereindstryd op 24 Junie 1995 gespeel is. Die skouspelagtige eindstryd is deur 62 000 toeskouers by die stadion en miljoene TV-kykers aanskou. Suid-Afrika het die wedstryd met 15–12 gewen nadat ekstra tyd toegelaat is. Op 11 April 2001 tydens ’n plaaslike sokkerwedstryd tussen Kaizer Chiefs en Orlando Pirates FC het ’n stormloop deur die skare gelei tot die dood van 42 mense. Dit bly tot vandag toe die grootste lewensverlies ooit vir ’n ramp van so ’n aard in Suid-Afrika. In 2005 is geskiedenis gemaak toe Ellispark-stadion die eerste stadion in Suid-Afrika geword het met ’n swart meerderheidsaandeelhouding. Ellispark-stadion was die gasheer van een van die halfeindwedstryde van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010. Die kapasiteit van die stadion is gedurende 2009 opgegradeer om ’n verdere 10 000 mense te akkommodeer, ’n totaal van 70 000 sitplekke. WedstrydeWysig Rugbywêreldbeker 1995Wysig - Hoofartikel: Rugbywêreldbeker 1995. Datum | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers | ---|---|---|---|---|---| 27 Mei 1995 | Ierland | 19–43 | Nieu-Seeland | Groep C | 38 000 | 31 Mei 1995 | Nieu-Seeland | 34–9 | Wallis | Groep C | 38 000 | 4 Junie 1995 | Ierland | 24–23 | Wallis | Groep C | 35 000 | 10 Junie 1995 | Suid-Afrika | 42–14 | Samoa | Kwarteindrondte | 52 000 | 24 Junie 1995 | Suid-Afrika | 15–12 (e.t.) | Nieu-Seeland | Eindstryd | 65 000 | FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009Wysig - Hoofartikel: FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2009. Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers | ---|---|---|---|---|---|---| 14 Junie 2009 | 16:00 | Suid-Afrika | 0–0 | Irak | Groep A | 48 837 | 18 Junie 2009 | 20:30 | Egipte | 1–0 | Italië | Groep B | 52 150 | 20 Junie 2009 | 20:30 | Irak | 0–0 | Nieu-Seeland | Groep A | 23 295 | 25 Junie 2009 | 20:30 | Brasilië | 1–0 | Suid-Afrika | Halfeindrondte | 48 049 | 28 Junie 2009 | 20:30 | Verenigde State | 2–3 | Brasilië | Eindstryd | 52 291 | FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010Wysig - Hoofartikel: FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010. Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers | ---|---|---|---|---|---|---| 12 Junie 2010 | 16:00 | Argentinië | 1–0 | Nigerië | Groep B | 55 686 | 15 Junie 2010 | 20:30 | Brasilië | 2–1 | Noord-Korea | Groep G | 54 331 | 18 Junie 2010 | 16:00 | Slowenië | 2–2 | Verenigde State | Groep C | 45 573 | 21 Junie 2010 | 20:30 | Spanje | 2–0 | Honduras | Groep H | 54 386 | 24 Junie 2010 | 16:00 | Slowakye | 3–2 | Italië | Groep F | 53 412 | 28 Junie 2010 | 20:30 | Brasilië | 3–0 | Chili | Agtste eindrondte | 54 096 | 3 Julie 2010 | 20:30 | Paraguay | 0–1 | Spanje | Kwarteindrondte | 55 359 |
<urn:uuid:5903cbe5-7613-4c1a-97a7-d71e3493dde8>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Ellispark-stadion
2019-07-23T04:41:30Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00061.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999961
false
Jan Boneschans Ds. Jan Hendrik Boneschans (Oostwold, Leek, Groningen, Nederland, 29 Mei 1889 – Germiston, Transvaal, Suid-Afrika, 3 Augustus 1967) was tussen 1915 en 1955 predikant in nege gemeentes of kombinasies van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika. Jan Hendrik Boneschans | | Ds. Jan Hendrik Boneschans Naam | Jan Hendrik Boneschans | ---|---| Geboorte | 29 Mei 1889 Oostwold, Leek Groningen, Nederland | Sterfte | 3 Augustus 1967 (op 78) Germiston Transvaal | Kerkverband | Gereformeerde Kerk | Gemeente(s) | Petrusburg, 1915–1917 Frankfort-kombinasie, 1917–1919 Germiston, 1919–1923 Venterstad, 1923–1926 Middelburg, Tvl.-kombinasie, 1926–1928 Germiston, 1928–1946 Colesberg, 1946–1948 Lindley, 1948–1953 Viljoenskroon, 1953–1955 | Jare aktief | 1915–1955 | Kweekskool | Potchefstroom | Ds. Boneschans is in Nederland gebore, maar het ten minste ’n deel van sy hoërskool aan die Voorbereidende Skool op Potchefstroom voltooi en ook daar sy opleiding as predikant aan die Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerk ontvang. In 1915 is hy bevestig in Petrusburg, sy eerste gemeente. Hy was die eerste van die 10 predikant in die eerste eeu van die gemeente se bestaan wat hul loopbaan hier begin het. In 1917 het hy beroep aangeneem na die kombinasie Frankfort-kombinasie, maar bly daar ook net twee jaar. Sy derde gemeente was Germiston van 1919 tot 1923, waar hy nes in Frankfort die gemeente se eerste leraar was. Sy eerste gemeente in die destydse Kaapprovinsie was Venterstad van 1923 tot 1926, toe hy terugkeer na Transvaal as leraar van die kombinasie Middelburg. Ná sy vyfde kort bediening, dié keer net sowat twee jaar, keer hy in 1928 terug na Germiston en bly daar tot 1946. Sy laaste drie gemeentes was Colesberg van 1946 tot 1948, toe Lindley tot 1953 en eindelik Viljoenskroon tot hy sy emeritaat in 1955 aanvaar. Hy is sowat 12 jaar later oorlede. Ds. Boneschans was getroud met Geertruida Maria Luitinger. Hul oudste seun, Hendrik, se seun, ook Jan Hendrik (gebore 4 Augustus 1938), was predikant in drie Gereformeerde gemeentes tot sy dood op 27 Oktober 1971 in die ouderdom van net 33 jaar: Eloffsdal-Wonderboom-Suid 1964–1965, Pretoria-Annlin 1965–1969 en Salisbury tot sy dood. Vier dogters is uit die huwelik gebore. Hiltje (getroude van Gey van Pittius), Janna Ludgerdina (getroude van Potgieter, gebore 21 Augustus 1919), Geertruida Maria (getroude van Markgraaff, gebore 12 September 1922) en Hester Maria (gebore op 26 Januarie 1925, maar vyf dae later op 31 Januarie oorlede). Die seuns was Hendrik, Herman, Eildert en Jan. GaleryWysig 'n Uittreksel uit ds. Boneschans se dagboek van 1935 toe hy predikant was van Germiston. Die laaste groep professore en studente van die Teologiese Skool Burgersdorp, 1904. Voor v.l.n.r.: D.J. du Plessis, J.J.A. Coetsee, P. Coetzee, S. Vorster, J.H. Kruger, R.S. Postma. Middel: J.H. Boneschans, H.J.R. du Plessis, prof. Ferdinand Postma, prof. Jan Lion Cachet, prof. Dirk Postma, J.H. Kruger, T.N. Venter. Agter: H.J.J. van der Walt, J.C. van der Walt, B.J.M. Kruger, H.P.J. Pasch, J.P. van der Walt, D.P. du Plessis, B.R. Grobler en P.W. Bingle. Studente en personeel van die Voorbereidende en Teologiese Skool op Potchefstroom voor die eerste gebou, 1913. Voor: Hester Coetzee, Betsie Postma, S.G Yssel, J.J.A. Coetzee, prof. Ferdinand Postma, prof. J.D. du Toit (Totius), prof. A.P.C. Duvenage, prof. Jan Kamp, Piet van der Walt, Rachel Wentzel, Vera Gill. Tweede ry: Nollie Vermaas, G.P. van der Linde, J.V. Coetzee, D.G. Venter, C.J.H. de Wet, J.C. van der Walt, D.N. Kotzé, H.F. Duvenage, Vera Pienaar, Frikkie Potgieter, J.L.M. Wiechers. Derde ry: Piet Coetzee, Jan Triechaardt, Nic Steyn, B.J. de Klerk, J.H Boneschans, H.S. van Jaarsveld, Pieter Coetzee. Vierde ry: Prof. Joon van Rooy, ene Oosthuizen, C.W.M. Du Toit, E.L.J. Venter, T.D. Venter, Daan Marais, J.V. Coetzee, Lou van Rooy, A.S.E. Yssel, H. van der Walt, S.P. Engelbrecht, Izak le Roux, ene Marais, L.J. du Plessis. Vyfde ry: ene Scholtemeyer, Willie Geere. 1924:Algemene Sinode van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika op Rustenburg, 4 April, onder die seringboom waaronder die Kerk in 1859 gestig is en met prof. H.H. Kuyper as deputaat van die Geref. Kerke in Nederland. Eerste ry: A.S.E. Yssel, C.W.M. du Toit, J.V. Coetzee, J.G.H. van der Walt, J.H. Boneschans, J.C. van der Walt. Tweede ry: D.P. du Plessis, D. Rumpff, T. Hamersma, D. Postma, M. Postma, prof. H.H. Kuyper, L.P Vorster, proff. J.D. du Toit, J.A. du Plessis, I.D. Kruger. Derde ry: D.N. Kotzé, N.H. van der Walt, A. Duvenage, J.A. van Rooy, C.J.H. de Wet, B.J. de Klerk, W.J. de Klerk, G.H.J. Kruger, D.G. Venter, H.P.J. Pasch. Vierde ry: F.P.J. Snyman, H.J. Venter, P.J.S. de Klerk, H.S. van Jaarsveld, H.J.R. du Plessis, J.H. Kruger. 1927: Die Algemene Sinode van die GKSA op Reddersburg. Eerste ry: D. Rumpff, N.H. van der Walt, J.G.H. van der Walt, prof. J.A. du Plessis, prof. C.J.H. de Wet, T. Hamersma, L.P Vorster, J.A. van Rooy, H.P.J. Pasch. Tweede ry: H.S. van Jaarsveld, H. Venter, F.P.J. Snyman, J.C. van der Walt, D.G Venter, C.W.M. du Toit, I.D Krüger, H.J.R. du Plessis. Derde ry: J.V. Coetzee, G.H.J. Kruger, E.L.J. Venter, D. Postma, D.P. du Plessis, A.S.E Yssel, D.N. Kotze. Vierde ry: J.H. Boneschans, T.T. Spoelstra, W.J. Postma, W.J. Snyman, A. Duvenage, P.J.S. de Klerk, B.J. de Klerk. 1930: Die Algemene Sinode van die GKSA in sitting op Burgersdorp. Eerste ry: S. van der Walt, Jacs van Rooy. Tweede ry: Dr. E. Venter, J.C. van der Walt, H.J. Venter, J.G.H. van der Walt, G.H.J. Kruger, W.J. Postma, W.J. Snyman, Dirk Postma, D.N. Kotzé, J.H. Boneschans, A. Duvenage. Derde ry: H.P.J. Pasch, N.H. van der Walt, W.J. de Klerk, T. Hamersma, J.A. van Rooy, J.V. Coetzee, D.P. du Plessis, H.S. van Jaarsveld en D.G. Venter. Vierde ry: H. du Plessis, A.S.E. Yssel, J.P. Jooste, A. Postma, I.D. Krüger, W.F. Venter, T.T. Spoelstra, F.P.J. Snyman, dr. P.J.S. de Klerk, prof. J.A. du Plessis, H.J.R. du Plessis, Derk Rumpff. 1933: Die Algemene Sinode van die GKSA in sitting Pretoria, afgeneem op die trap van die Uniegebou. Eerste ry: A. Postma, P.G.W. Snyman, Derk Rumpff, J.G.H. van der Walt, I.D. Krüger, prof. J.C. Coetzee, T.T. Spoelstra, A.S.E. Yssel, D.N. Kotzé, W.J. Postma, J.P. van den Berg, I.J. van der Walt. Tweede ry: H.F.V. Kruger, J.H. Boneschans, J.M. de Wet. Tweede ry: W.J. de Klerk, P.J.S. de Klerk, B.J. de Klerk, B. de Klerk, S.J. van der Walt, L.S. van der Walt, J. Schutte, N.H. van der Walt, E.I.J. Venter, H.S. van Jaarsveld, H.J. Venter, D.G Venter, J.V. Coetzee. Vierde ry: J. van Rooy, A. Aucamp, H.P.J. Pasch. Vyfde ry: J.A. van Rooy, J.H. Kruger, G.H.J. Kruger, W.F. Venter, I.J. Lessing, J.B. du Plessis, S.P. van der Walt, J.P. Jooste, J.L. de Bruin, S. du Toit, D.P. du Plessis, F.P.J. Snyman. Die Nasionale Sinode van die GKSA van 1939 voor die Vrouemonument in Bloemfontein. Eerste ry: H.S. van Jaarsveld, F.N. Lion Cachet, W.J. Postma, B. de Klerk, H.J. Venter, J. van Rooy, P.W. van der Walt, P.G.W. Snyman. Tweede ry: N.H. van der Walt, J.G.H. van der Walt, D. Postma, dr. J.D. Du Toit, J.A. van Rooy, dr. C.J.H de Wet, dr. S.O. Los, dr. J.P. Jooste, J.V. Coetzee, I.D Kruger, J.C. van der Walt. Derde ry: J.P. van der Berg, G.H.J. Kruger, A.L Aucamp, M. Postma, J.M. de Wet, I.J. Lessing. Vierde ry: Jacs van Rooy, J.L. de Bruin, J.A. Schutte, A. Postma, E.L.J. Venter, D.G. Venter, J.L. Vorster, T.T. Spoelstra, Derk Rumpff, H. du Plessis. Vyfde ry: dr. B.J. de Klerk, P.J. de Klerk, J.J. Venter, J.H. Boneschans, L.S. van der Walt, S. du Toit, J.F. du Plooy, A.S.E. Yssel. Sesde ry: H.F.V. Kruger, P.J.S. de Klerk, D.N. Kotze, W.J. Snyman, W.F. Venter, S.P. van der Walt, J.W.J. van Ryssen, N.J. Snyman, B.R. Krüger, D.J. van der Walt. Studente, dosente en besoekende predikante neem in April 1949 tydens die Sinode van die GKSA afskeid van Totius by die Teologiese Skool Potchefstroom. Eerste ry: D.F. Malan, G.P. Scheepers, C. Hatting, L.J. Botha, P.W. Buys, S.C.W. Duvenage, P.W. van der Walt, W.J. Postma, G.P.L. van der Linde, J.J.S. Venter, G.C.P. van der Vyver, M.J. Booyens, S.J. du Plessis, K.S. van Wyk de Vries. Tweede ry: J.V. Coetzee, P.J. Venter, P.J. Coetzee, J.W.J. van Ruyssen, D.J. van der Walt, H.G. Stoker, J.C. van der Walt, J.H. Boneschans, prof. J.D. du Toit, B.J. de Klerk, D.G Venter, A.S.E. Yssel, H.S. van Jaarsveld, H.J. Venter, D.N. Kotzé, N.T. Snyman. Derde ry: D.C.S. van der Merwe, B.R. Krüger, J. Postma, R.S.J. van Wyk, M. Postma, J.L. de Bruin, C.E.G. Malan, J.J.H. Booysen, B.J. de Klerk, A.L. Aucamp, J.A. Schutte, I.J. van der Walt, L.S. Van der Walt, S. du Toit, A. Duvenage, W.J. Snyman, P.J.S. de Klerk, T.T. Spoelstra. Vierde ry: D.J. Delport, J.L. Vorster, J.P. Jooste, A.A. Venter, J.F. du Plooy, H.F.V. Kruger, Jacs van Rooy, I.J. Lessing, J.M. de Wet, S.P. van der Walt, P.J. de Klerk. BronneWysig - ( ) Sy genealogiese besonderhede op die webtuiste geni.com. URL besoek op 26 Januarie 2017. - ( Vogel, ds. Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro. )
<urn:uuid:643c99a4-ded0-43bc-ac53-92c9c721dbe4>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Jan_Boneschans
2019-07-23T05:23:58Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00061.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.989252
false
Polinesië Polinesië (afgelei van Grieks: πολύς polys vir "baie" en νῆσος nêsos vir "eiland", letterlik: "baie eilande") is 'n eilandgroep in die Stille Oseaan in die gebied Oseanië en lê tussen die Amerikas in die ooste, Asië in die noordweste en Australië in die suidweste. Polinesië het 'n oppervlakte van 50 miljoen km² en 'n bevolking van 10 miljoen. Polinesië lê in die Polinesiese Driehoek met die drie hoekpunte Hawaii, Paaseiland en Nieu-Seeland. Ligging | Vlag | Land | Hoofstad | Oppervlakte (km²) | Bevolking | ---|---|---|---|---|---| Amerikaans-Samoa Verenigde State | Pago Pago | 199 | 65 628 | || – | Baker-eiland Verenigde State | – | 1,64 | – | | Cookeilande Nieu-Seeland | Avarua | 240 | 19 569 | || Frans-Polinesië Frankryk | Papeete | 4 167 | 259 706 | || Hawaii Verenigde State | Honolulu | 16 649 | 1 360 301 | || – | Howland-eiland Verenigde State | – | 1,84 | – | | – | Jarvis-eiland Verenigde State | – | 4,5 | – | | Johnston-atol Verenigde State | – | 2,67 | – | || – | Kingman-rif Verenigde State | – | 60 | – | | Midway-atol Verenigde State | – | 6,23 | – | || Nieu-Seeland | Wellington | 268 680 | 4 383 000 | || Niue Nieu-Seeland | Alofi | 260 | 1 398 | || Paaseiland Chili | Hanga Roa | 163,6 | 4 888 | || Palmyra-atol Verenigde State | – | 3,9 | – | || Pitcairneilande Verenigde Koninkryk | Adamstown | 47 | 50 | || Samoa | Apia | 2 831 | 179 000 | || Tokelau Nieu-Seeland | – | 10 | 1 416 | || Tonga | Nukuʻalofa | 748 | 104 000 | || Tuvalu | Funafuti | 26 | 12 373 | || Wallis en Futuna Frankryk | Matāʻutu | 274 | 13 445 | Sien ookWysig Eksterne skakelsWysig - Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Polinesië. - ( ) "Polynesia". Encyclopædia Britannica. Besoek op 18 Februarie 2018. Gebiede van die Wêreld | ||||||||||||||||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Sien ook Kontinente van die wêreld |
<urn:uuid:e6d44716-e5fc-468a-9d8a-eaabf9986dbc>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Polinesi%C3%AB
2019-07-23T05:52:48Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00061.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.991039
false
Hulp Kategorie:Rheden in Wikipedia, die vrye ensiklopedie Jump to navigation Jump to search Bladsye in kategorie "Rheden" Die volgende 5 bladsye is in hierdie kategorie, uit 'n totaal van 5. Rheden D De Steeg L Laag-Soeren S Spankeren V Velp, Gelderland Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Kategorie:Rheden&oldid=1876331 " Kategorie : Munisipaliteite in Gelderland Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Kategorie Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Ander projekte Wikimedia Commons Druk/eksporteer Skep boek Laai af as PDF Drukbare weergawe Gereedskap Skakels hierheen Verwante veranderings Spesiale bladsye Permanente skakel Bladinligting Wikidata-item Ander tale العربية Català Deutsch English Esperanto Español فارسی Français Frysk Nederlands Wysig skakels Die bladsy is laas op 5 Januarie 2019 om 11:07 bygewerk. Die teks is beskikbaar onder die lisensie Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel . Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting. Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:54722363-dbdf-496b-8d49-f543975483d7>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Rheden
2019-07-23T05:31:49Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00061.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.997432
false
Poker Poker is 'n gewilde kaartspeletjie wat in dobbelary of vir vermaak gebruik word. Die algemeenste formaat is waar 'n aantal spelers meeding om 'n sentrale pot waarin elke speler weddenskappe plaas. Die speler met die beste kombinasie kaarte wen die sentrale pot of 'n speler wen die pot wanneer die speler 'n weddenskap in die sentrale pot maak wat deur geen ander speler geroep word nie. Poker kan ook verwys na video-poker, 'n tipe dobbelmasjien wat algemeen in dobbelhuise voorkom en waarin spelers teen die dobbelhuis meeding. Poker variasies[wysig | wysig bron] Daar is verskeie variasies van poker. Elke variasie volg dieselfde patroon. Die gewildste variasie is tans "Texas Hold'em" waarin elke speler 2 kaarte ontvang, 5 sentrale kaarte gedeel word wat deur elke speler gebruik kan word en die speler wat die beste moontlike hand met die 7 kaarte kan maak die pot wen. Ander variasies sluit in "Draw poker", "Stud Poker"" en "Omaha". Video-poker maak oor die algemeen gebruik van die "Draw poker" variasie. Poker formate[wysig | wysig bron] Poker kan in 'n kontantformaat of toernooiformaat gespeel word. In kontantformaat wed en wen die spelers fisiese kontant in elke hand wat gespeel word. In toernooiformaat sal elke speler 'n kontantinskrywing betaal waarna met denkbeeldige kontant gespeel word. 'n Speler is uit die toernooi wanneer hy al sy denkbeeldige kontant verloor het. Kontantpryse word gewoonlik aan die laaste paar spelers in die toernooi toegeken waarvan die speler wat die toernooi wen die grootste aandeel kry. Pokerhande[wysig | wysig bron] - Royal flush: Vyf opeenvolgende kaarte van dieselfde soort, met die aas as die hoogste kaart. Byvoorbeeld: A♠ K♠ Q♠ J♠ 10♠. - Straight flush: Vyf opeenvolgende kaarte van dieselfde soort. Byvoorbeeld: Q♦ J♦ 10♦ 9♦ 8♦ - Four of a kind: Ook carré of quads genoem, vier kaarte van dieselfde waarde. Byvoorbeeld: 4♣ 4♦ 4♥ 4♠ 9♥ - Full house: Drie kaarte van dieselfde waarde, gekombineer met twee kaarte van 'n andere soort met dieselfde waarde. Byvoorbeeld: 8♣ 8♦ 8♠ K♥ K♠ - Flush: Vyf willekeurige kaarte van dieselfde soort. Byvoorbeeld: K♠ J♠ 8♠ 4♠ 3♠. - Straight: Straat. Vyf in waarde opeenvolgende kaarte van willekeurige soort. (Die aas kan hier gebruik word as hoër as die Heer, of as één, dus laer as twee) Byvoorbeeld: 5♦ 4♥ 3♠ 2♦ A♦ - Three of a kind: Ook trips of set genoem. Drie kaarte van dieselfde waarde. Byvoorbeeld: 7♣ 7♥ 7♠ K♦ 2♠ - Two pair: Twee pare, Twee kaarte van gelyke waarde, gekombineer met een paar kaarte van 'n ander gelyke waarde. Byvoorbeeld: A♣ A♦ 8♥ 8♠ Q♠. - One pair: Een paar. Twee kaarte van dieselfde soort. Byvoorbeeld: 9♥ 9♠ A♣ J♠ 4♥ - High card: Ook bekend as No pair of hoog. Die hoogste kaart tel, waarby die twee as laagste en aas as hoogste kaart geld. In hierdie voorbeeld bestaan die hand uit "Ace high" oftewel "Aas hoog". Byvoorbeeld: A♦ 10♦ 9♠ 5♣ 4♣ As meer spelers die pot beveg, en klaar is met hul insette, word hul hande getoon ("showdown"). Om die pot in so 'n geval te wen moet die speler al sy toe kaarte wys, selfs als het hy op die basis van één kaart al genoeg gedoen om die pot te wen.
<urn:uuid:45c122cc-4dd1-4de1-aa5a-e3147546e0eb>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Poker
2019-07-16T23:33:38Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00405.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999874
false
kisdam Jump to navigation Jump to search Inhoud Enkelvoud | Meervoud | ---|---| kisdam | kisdamme | - كِسْ دَمْ , meervoud: كِسْ دَمِی - 'n Omhulling waaruit water gepomp kan word om toegang tot onderwater plekke te bied vir ingenieurswerke ens. Vertalings: kisdam | ||| ---|---|---|---|
<urn:uuid:0514f331-e0f4-4ed0-91df-43228536484d>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wiktionary.org/wiki/kisdam
2019-07-16T22:29:11Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00405.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.979091
false
9de Oscar-toekenningsaand Datum | 4 Maart 1937 | | Plek | Biltmore Hotel, Los Angeles | | Aanbieder | George Jessel | | Pryse & benoemings | || Beste rolprent | The Great Ziegfeld | | Meeste pryse | Anthony Adverse (4) | | Meeste benoemings | Anthony Adverse, Dodsworth, The Great Ziegfeld (7 elk) | Die 9de Oscar-toekenningsaand is op 4 Maart 1937 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences gehou om erkenning te gee aan rolprente van 1936. Die aanbieder was die akteur George Jessel. Dit was die eerste keer dat pryse toegeken is aan die beste manlike en vroulike byspeler. My Man Godfrey was die eerste prent wat in al vier toneelspelkategorieë benoem is. Dit is steeds die enigste sodanige prent wat nie as beste prent benoem is of enige Oscar gewen het nie. Die wenner van die prys vir beste aktrise, Luise Rainer, is tans (2013) die vroegste benoemde of wenner in enige toneelspelkategorie wat steeds lewe, asook die oudste oorlewende Oscar-wenner vir toneelspel. Sy is 103 jaar oud. Pryse[wysig | wysig bron] Hier volg ’n lys van die wenners en benoemdes (die wenners word eerste genoem): Beste produksie | Beste regisseur | ---|---| Beste akteur | Beste aktrise | Beste manlike byspeler | Beste vroulike byspeler | Beste storie | Beste verwerkte draaiboek | Beste lewende-aksie-kortprent, een spoel | Beste lewende-aksie-kortprent, twee spoele | Beste lewende-aksie-kortprent, kleur | Beste animasiekortprent | Beste oorspronklike musiek | Beste oorspronklike liedjie | Beste kunsredigering | Beste kinematografie | Beste klankopname | Beste redigering | Beste assistant-regisseur | Beste dansafrigting | Erepryse[wysig | wysig bron] - W. Howard Greene - Harold Rosson - The March of Time
<urn:uuid:b9a9ce13-e606-46fc-bf93-4cc725ffdbe5>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/9de_Oscar-toekenningsaand
2019-07-18T04:57:18Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525500.21/warc/CC-MAIN-20190718042531-20190718064531-00005.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999896
false
Toghon Temür Toghon Temür | | ---|---| Keiser van die Yuan-dinastie Khagan van die Mongole | | Dinastie | Borjigin, Yuan-dinastie | Bewind | 19 Julie 1333 – 23 Mei 1370 | Volle naam | Ukhaghatu Khan Toghon Temür Mongools: Тогоонтөмөр Chinees: 妥懽帖睦尔 | Gebore | 25 Mei 1320 | Gesterf | 23 Mei 1370 (op 50 jaar) | Yingchang | | Voorganger | Rinchinbal | Opvolger | Biligtü | Gade | Danashri | Vader | Kuśala | Toghon Temür (Mongools: Тогоонтөмөр, Togoontömör; 25 Mei 1320 – 23 Mei 1370), ook bekend op sy tempelnaam Huizong, word beskou as die laaste Groot Khan van die Mongoolse Ryk.[1][2][3] Hy was die seun van Kuśala, keiser van die Yuan-dinastie. Bewind[wysig | wysig bron] Toghon Temür is as jong keiser deur krygshere beheer. Toe hy ouer word, het hy van sommige van die mense wat hom oorheers het, ontslae geraak. In die latere jare van sy bewind het mense op die platteland gely onder talle natuurlike rampe: droogtes, vloede en hongersnood. Die regering se gebrek aan doeltreffende maniere om hulle te help het daartoe gelei dat die keiser ongewild geraak het. In 1348 is ’n rebellie deur ontevrede burgers begin. Dit het gelei tot opstande oor die hele ryk. Die hele sentrale regering het verswak. Toghon Temür het geleidelik belang in die regering verloor en ophou optree om politieke struwelinge te besleg. Die pogings van sy seun, kroonprins Ayushiridar, om sy bewind oor te neem het die politieke en militêre mag van die regering verder geknou. Rebellegroepe in Suid-China het die Ming-dinastie gestig en die leër van die Yuan-dinastie in Noord-China in 1368 verslaan. Toghon Temür het na sy somerbasis, Shangdu, gevlug. In 1369, toe Shangdu ook val, het hy noordwaarts na Yingchang gevlug, waar hy in 1370 dood is. Verwysings[wysig | wysig bron] - Michael Prawdin, The Mongol Empire and its Legacy - J.J. Saunders The History of Mongol Conquests - René Grousset The Empire of Steppes - Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
<urn:uuid:226591d0-ff39-48d8-babe-ab23f5c5f939>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Toghon_Tem%C3%BCr
2019-07-18T04:50:08Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525500.21/warc/CC-MAIN-20190718042531-20190718064531-00005.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999771
false
Kategorie:Suid-Afrikaanse teoloë Jump to navigation Jump to search Bladsye in kategorie "Suid-Afrikaanse teoloë" Die volgende 15 bladsye is in hierdie kategorie, uit 'n totaal van 15.
<urn:uuid:edabfece-18e2-4fa4-85d3-d983acf7afb3>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Suid-Afrikaanse_teolo%C3%AB
2019-07-19T10:48:04Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00165.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998962
false
Sir Donald Bradman Sir Donald Bradman | |||||| ---|---|---|---|---|---|---| Donald Bradman in 1936 | |||||| Volle naam | Donald George Bradman | ||||| Gebore | 27 Augustus 1908 Cootamundra, Nieu-Suid-Wallis, Australië | ||||| Gesterf | 25 Februarie 2001 (op 92) Kensington Park, Suid-Australië, Australië | ||||| Bynaam(e) | The Don, The Boy from Bowral, Braddles | ||||| Lengte | 1,73 m[1] | ||||| Kolfstyl | Regshandig | ||||| Boulstyl | Regterarm | ||||| Rol | Aanvangskolwer | ||||| Internasionale inligting | |||||| Nasionale span | Australië | ||||| Toetsdebuut (no 124) | 30 November 1928 v Engeland | ||||| Laaste Toets | 18 Augustus 1948 v Engeland | ||||| Eersterang spaninligting | |||||| Jaar(e) | Span | ||||| 1927–1934 | Nieu-Suid-Wallis | ||||| 1935–49 | Suid-Australië | ||||| Loopbaanstatistiek | |||||| Kompetisie | Toets | 1e rang | |||| Wedstryde | 52 | 234 | |||| Lopies aangeteken | 6996 | 28067 | |||| Kolfgemiddeld | 99,94 | 95,14 | |||| 100s/50s | 29/13 | 117/69 | |||| Hoogste telling | 334 | 452 | |||| Aflewerings geboul | 160 | 2114 | |||| Paaltjies | 2 | 36 | |||| Boulgemiddeld | 36,00 | 37,97 | |||| 5 paaltjies in 'n kolfbeurt | 0 | 0 | |||| 10 paaltjies in 'n wedstryd | 0 | 0 | |||| Beste boulontleding | 1/8 | 3/35 | |||| Vangskote/Stonkings | 32/– | 131/1 | |||| Bron: Cricinfo, 4 Desember 2014 | Sir Donald 'Don' Bradman (1908–2001) was ’n legendariese Australiese krieketspeler, een van die beste kolwers nóg.[2] Bradman word deur baie as die beste kolwer van alle tye gesien, alhoewel Sachin Tendulkar ook 'n sterk aanspraakmaker op die titel sou wees. Sy kolfgemiddelde van 99,94 in toetswedstryde word as 'n buitengewone prestasie beskou. Hy is tot vandag toe nog 'n bekende sportster in sy land. Lewensloop[wysig | wysig bron] Bradman maak sy debuut in die eerste toets teen Engeland. Sy loopbaan is vir agt jaar deur die Tweede Wêreldoorlog onderbreek. In sy 52 toetswedstryde en tagtig beurte het hy 29 honderdtalle aangeteken en 13 keer meer as vyftig lopies behaal. Vir twintig jaar was hy die jongste speler om 'n honderdtal aan te teken en hy het nog talle ander rekords agter sy naam. Een van sy rekords wat vandag nog staan is sy kolfgemiddelde van 99,94 lopies. Tydens sy laaste toets moes hy net vier lopies aanteken om sy kolfgemiddelde oor die 100 lopies te stoot. Hy kon egter geen lopies behaal nie en is uit vir 'n eier (nulletjie). Hy is in 1948 tot ridder geslaan en in 1985 in Australië se Heldesaal vir Sport vereer. Tydens 'n stemming is hy as een van die grootste Australies van die 20ste eeu aangewys.
<urn:uuid:b6752c7f-6845-4fa9-b440-fe8c6f67fbc3>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Sir_Donald_Bradman
2019-07-19T10:36:17Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00165.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999836
false
Veronica Lake Veronica Lake | | Veronica Lake (1942) Geboorte | 14 November 1922 Brooklyn (Verenigde State) | ---|---| Nasionaliteit | Amerikaanse | Sterfte | 7 Julie 1973 Burlington (Vermont) | Beroep(e) | Aktrise | Veronica Lake (* 14 November 1922 in Brooklyn, Verenigde State, as Constance Frances Marie Pckelman; † 7 Julie 1973 in Burlington, Vermont) was 'n Amerikaanse aktrise wat gedurende die 1940's een van die top film sterre in Hollywood was. Biografie[wysig | wysig bron] Veronica Lake is 'n gebore as die dogter van 'n gesin uit 'n arme agtergrond. Sy maak haar debuut in 1939 in 'n ondersteunende rol in die film Sorority House. Lake teken 'n kontrak in 1941 met Paramount. Na 'n paar klein rolle verskyn Lake in 1941 in I Wanted Wings, haar eerste belangrike rol. Kort nadat Veronica Lake tert in kunstig ambisieuse film Sullivans Travels. Sy maak haar internasionale deurbraak in 1942, in die bende rolprent This Gun For Hire. Die rolprent was die eerste van vier waarin Lake saam met Alan Ladd gespeel het, die ander rolprente was The Glass Key, The Blue Dahlia en Saigon. Na 'n reeks baie suksesvolle rolprente het sy uit die kollig getree in die 1950's. Veronica Lake is in 1973 oorlede. Haar dood was veroorsaak deur dekades van alkoholisme. Filmografie[wysig | wysig bron] - 1939: Sorority house - 1939: The Wrong Room - 1939: Dancing Co-Ed - 1939: All Women Have Secrets - 1940: Young As You Feel - 1940: Forty Little Mothers - 1941: I Wanted Wings - 1941: Hold Back The Dawn - 1941: Sullivans Travels - 1942: The Gun For Hire - 1942: The Glass Key - 1942: I Married A Witch - 1942: Spar Spangled Rhythm - 1943: So Proudly We Hail! - 1944: The Hour Bfore The Dawn - 1945: Bring On The Girls - 1945: Out Of This World - 1945: Duffy's Tavern - 1945: Hold That Blonde - 1946: Miss Susie Slagle's - 1946: The Blue Dahlia - 1947: Ramrod - 1947: Variety Girl - 1948: Saigon - 1948: The Sainted Sisters - 1948: Isn't It Romantic? - 1949: Slattery's Hurricane - 1951: Stronghold - 1966: Footsteps In The Snow - 1970: Flesh Feast
<urn:uuid:8d64d032-f5ea-49fe-8d00-d78bfde3e4e0>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Veronica_Lake
2019-07-19T10:23:45Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00165.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.997395
false
Pennsilvanië Pennsilvanië (Engels: Commonwealth of Pennsylvania) is een van die Middel-Atlantiese deelstate in die ooste van die Verenigde State van Amerika. Dit was in 1787 een van die oorspronklike Dertien Kolonies. Die gebied is gedurende die 17de eeu deur Europeërs verken, en in 1634 is die eerste Europese nedersetting deur Swede gestig. In 1681 is die gebied deur 'n koninklike oktrooi aan William Penn toegeken. Pennsilvanië het 'n belangrike rol in die Amerikaanse Rewolusie en as een van die oorspronklike state van die Unie ook by die onafhanklikwording van die Verenigde State gespeel. Gemenebes Pennsilvanië | ||||| Bynaam(e): The Keystone State, The Quaker State, The Coal State, The Oil State | ||||| Amptelike taal(e) | Geen | |||| Hoofstad | Harrisburg | |||| Grootste stad | Philadelphia | |||| Area | 33ste in die V.S. | |||| - Totaal | 119 283 km2 | |||| - Wydte | 455 km | |||| - Lengte | 255 km | |||| - Water | 3 208 km2 | |||| - % water | 2,7 % | |||| - Breedtegraad | 39°43'N tot 42°16'N | |||| - Lengtegraad | 74°41'W tot 80°31'W | |||| Bevolking | 6de in die V.S. | |||| - Totaal | 12 702 379 | |||| - Digtheid | 106,5/km2 10de in die V.S. | |||| Hoogte | ||||| - Hoogste punt | Mount Davis 979 m | |||| - Gemiddeld | 335 m | |||| - Laagste punt | Delawarerivier seevlak | |||| Toetrede tot die Unie | 12 Desember 1787 (2de) | |||| Goewerneur | Tom Corbett (R) | |||| Luitenant-Goewerneur | Jim Cawley (R) | |||| Wetgewer | Pennsilvanië Algemene Vergadering | |||| - Hoërhuis | Senaat | |||| - Laerhuis | Huis van Verteenwoordigers | |||| V.S. Senatore | Bob Casey, Jr. (D) Pat Toomey (R) | |||| Tydsone | UTC -5 / Somertyd -4 | |||| Afkortings | PA US-PA | |||| Webblad | state.pa.us | Pennsilvanië is ondanks die agteruitgang van sy vroeëre swaar nywerhede nog steeds een van die welvarendste deelstate van die VSA, met landbou, mynbou, nywerhede en hoëtegnologie as sy ekonomiese basis. Die deelstaat is een van die hoofprodusente van staal en steenkool in die VSA. Terwyl Harrisburg as die administratiewe hoofstad dien, is Philadelphia en Pittsburgh belangrike ekonomiese, kulturele en opvoedkundige sentrums. Verenigde State van Amerika | |||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
<urn:uuid:3a767bed-a7f0-45db-b16c-764df4ec2682>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Pennsilvani%C3%AB
2019-07-21T21:15:00Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527204.71/warc/CC-MAIN-20190721205413-20190721231413-00485.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998659
false
Metaan Algemeen | | ---|---| Naam | Metaan | Chemiese formule | CH4 | Molêre massa | 16.04 g/mol | CAS-nommer | | Fasegedrag | | Smeltpunt | -182 °C | Kookpunt | -164 °C | Digtheid | 0.66 kg/m³ | Oplosbaarheid | | Henry se konstante | 1,3 x 10-3 [L/mol.atm] 1750 [K][1] | Suur-basis eienskappe | | pKa | | Veiligheid | | Flitspunt | | Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | | Metaan of moerasgas is die eenvoudigste vorm van 'n koolwaterstof, en die eerste in die reeks van die alkane. Dit is 'n gas (teen standaard temperatuur en druk) met die chemiese formule van CH4. Egte metaan is reukloos, maar in die praktyk word byprodukte gebruik om dit moontlik te maak om metaangas lekke betyds op te spoor. Inhoud ChemieWysig Behalwe verbranding is metaan nie baie reaktief nie. Dit reageer byvoorbeeld nie met sterke sure of basisse nie. Met 'n halogeen soos chloor is lig nodig om die chloormolekuul in twee radikale chlooratome te breek. Hierdie radikale tas 'n C-H binding aan: Hierdie radikale tas 'n C-H binding van metaan aan: Die gevormde metielradikaal is baie reaktief en kan byvoorbeeld met 'n chloorradikaal reageer en metielchloried vorm: Soms kan dit nogtans ook met 'n ander metielradikaal reageer en 'n etaanmolekuul vorm: GroenhuisgasWysig Metaan is een van die gasse wat verantwoordelik is vir aardverwarming, en is veroorsaak ongeveer 21 keer meer aardverwarming as koolstof dioksied (CO2) per volume, en dit is die rede waarom dit gewoonlik by groot aanlegte verbrand word eerder as om dit in die atmosfeer vry te stel. Bronne van metaangasWysig TitaanWysig Metaan is 'n belangrike komponent van die atmosfeer van die Saturnusmaan Titaan en daar is op die oppervlakte mere wat uit metaan, etaan en stikstof bestaan. Die molfraksie van die gas in die atmosfeer is deur die Huygens gaschromatagraaf-massaspektrometer (GCMS) bepaal. Van 32-146 km hoogte is dit uniform 0,014 ± 0,0007. In die troposfeer neem dit toe tot 0,049±0.00025 op 'n hoogte van 8 km en dit bly so tot die oppervlak. Op 16-14 km hoogte is die meting dalk versteur deur 'n druppeltjie vloeibare (of vaste) metaan wat die GCMS bereik het. Op hierdie hoogte bestaan dalk 'n metaannewel.[2]
<urn:uuid:87dfb818-c635-4082-a3e3-f391002489b8>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Metaan
2019-07-23T04:43:09Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00085.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999857
false
Ahasia Ahasia | | Ahasia volgens die Promptuarii Iconum Insigniorum Nasionaliteit | Israeliet | ---|---| Ouers | Joram en Atalia | Beroep | Sesde koning/koningin van Juda | Termyn in amp | 841 v.C. | Voorganger | Joram | Opvolger | Atalia | Huweliksmaat | [[]] | Kind(ers) | Joas | Ahasia was die sesde koning van die koninkryk van Juda en het 1 jaar regeer. Hy was uit die familie van koning Dawid en die seun van koning Joram. Hy was 42 jaar oud toe hy koning geword het. Volgens die Bybel het hy in die voetstappe van sy pa gevolg en gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here. Hy is deur Jehu doodgemaak in opdrag van die profeet Elia. Hy is opgevolg deur sy moeder Atalia. Sy ouer broers het tydens die aanvalle van die Arabiere en die Filistyne gesneuwel. Tydens sy eenjarige regeringstyd het hy volkome onder die invloed van sy moeder Atalia en die familie van Ahab gestaan. Dit word genoem dat in Ramot in Gilead saam met koning Joram van Israel teen die Siriërs geveg het. Koning Joram word tydens die veldslag gewond. Toe Ahasia sy beseerde oom in Jesreel besoek word hy daar deur Jehu vermoor. Daardeur word die vloek van die Here op die Huis van Ahab voltrek. Tydens hierdie geleentheid sterf 42 prinse van Juda en nefies van Ahaisia. Hierna vermor Atalai die oorblywende manlike familielede van Ahasia om haar mag te verseker. Slegs Joas, die seun van Ahasia oorleefnadat sy deur die suster van Ahasia gered word. Verwysings in die Bybel[wysig | wysig bron] 2 Kronieke 21: 17, 2 Kronieke 22: 1, 2 Konings 8: 28, 2 Konings 10: 12-14 Literatuur[wysig | wysig bron] - Die Bybel (1953-Vertaling) - Reinecker, Fritz: Lexikon zur Bibel. R. Brockhaus Verlag, Wuppertal 1981. ISBN 3-417-24528-1
<urn:uuid:1366d7a7-aad2-4666-ae86-e187f3e3831b>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Ahasia
2019-07-23T05:29:16Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00085.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
1.000006
false
António Costa Sy Eksellensie António Costa GCIH | | ---|---| 119de Eerste Minister van Portugal | | Ampsbekleër | | Termynaanvang 26 November 2015 | | President | Aníbal Cavaco Silva Marcelo Rebelo de Sousa | Voorganger | Pedro Passos Coelho | Sekretaris-Generaal van die Sosialistiese Party | | Ampsbekleër | | Termynaanvang 22 November 2014 | | President | Carlos César | Voorganger | António José Seguro | Leier van die Opposisie | | Termyn 22 November 2014 – 26 November 2015 | | Eerste minister | Pedro Passos Coelho | Voorganger | António José Seguro | Opvolger | Pedro Passos Coelho | Burgemeester van Lissabon | | Termyn 1 Augustus 2007 – 6 April 2015 | | Voorganger | Marina Ferreira (Waarnemend) | Opvolger | Fernando Medina | Ministerie van Binnelandse Administrasie | | Termyn 12 Maart 2005 – 17 Mei 2007 | | Eerste minister | José Sócrates | Voorganger | Daniel Sanches | Opvolger | Rui Pereira | Minister van Justisie | | Termyn 25 Oktober 1999 – 6 April 2002 | | Eerste minister | António Guterres | Voorganger | José Vera Jardim | Opvolger | Celeste Cardona | Minister van Parlementêre Sake | | Termyn 25 November 1997 – 25 Oktober 1999 | | Eerste minister | António Guterres | Voorganger | Manuel Dias Loureiro | Opvolger | Luís Marques Mendes | Adjunkstaatssekretaris van Parlementêre Sake | | Termyn 28 Oktober 1995 – 25 November 1997 | | Eerste minister | António Guterres | Voorganger | Luís Filipe Menezes | Opvolger | José Magalhães | Persoonlike gegewens | | Gebore | António Luís Santos da Costa 17 Julie 1961 Lissabon, Portugal | Politieke party | Sosialistiese Party | Gade | Fernanda Tadeu (t. 1987) | Relations | Ricardo Costa (broer) | Kinders | 2 | Ouers | Orlando da Costa Maria Antónia Palla | Verblyf | São Bento-herehuis | Alma mater | Universiteit van Lissabon | Handtekening | | Webwerf | Amptelike webwerf | António Luís Santos da Costa GCIH (gebore 17 Julie 1961) is 'n Portugese regsgeleerde en politikus en sedert 26 November 2015 die 119de en huidige Eerste Minister van Portugal. In die verlede was hy Minister van Parlementêre Sake van 2005 tot 2007 en Burgemeester van Lissabon van 2007 tot 2015. In September 2014 word hy verkies tot Sekretaris-Generaal van die Sosialistiese Party.[1] Verwysings[wysig | wysig bron] Regeringsposte | || ---|---|---| Voorafgegaan deur Luís Filipe Menezes | Adjunkstaatssekretaris van Parlementêre Sake 1995–1997 | Opgevolg deur José Magalhães | Voorafgegaan deur Manuel Dias Loureiro | Minister van Parlementêre Sake 1997–1999 | Opgevolg deur Luís Marques Mendes | Voorafgegaan deur José Vera Jardim | Minister van Justisie 1999–2002 | Opgevolg deur Celeste Cardona | Voorafgegaan deur Daniel Sanches | Minister van Staat Ministerie van Binnelandse Administrasie 2005–2007 | Opgevolg deur Rui Pereira | Politieke poste | || Voorafgegaan deur Marina Ferreira Waarnemend | Burgemeester van Lissabon 2007–2015 | Opgevolg deur Fernando Medina | Voorafgegaan deur Pedro Passos Coelho | Eerste Minister van Portugal 2015–hede | Sittend | Party-politieke poste | || Voorafgegaan deur Maria de Belém Roseira Waarnemend | Sekretaris-Generaal van die Sosialistiese Party 2014–hede | Sittend |
<urn:uuid:481e3b41-88c1-4a16-93b4-beb8458f4915>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Ant%C3%B3nio_Costa
2019-07-23T05:12:01Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00085.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.974035
false
Jannie Marais Jannie Marais | | Marais (deur Coert Steynberg) Geboortenaam | Johannes Henoch Marais | ---|---| Gebore | 8 September 1851 Stellenbosch | Oorlede | 30 Mei 1915 Montagu | Kind(ers) | Geen | Vroeë lewe en loopbaan[wysig | wysig bron] As kind was hy 'n praktiese mens met 'n liefde vir masjinerie, wat hom goed te pas gekom het toe hy in 1870 as negentienjarige saam met drie van sy broers na die delwerye aan die Vaalrivier gegaan het. Die volgende jaar is hulle na New Rush, soos Kimberley toe genoem is. Daar het Marais sy fortuin gemaak. In 1880 het verskeie mynmaatskappye saamgesmelt en die Kimberley Central Mining Company gevorm. Die broers Marais het waardevolle aandele in dié maatskappy gekry. Later het hierdie maatskappy saamgesmelt met De Beers en die broers het uitgebreide belange in De Beers Consolidated Mines verwerf. Jannie Marais is in 1892 terug na Coetzenburg as 'n vermoënde man. Hy het die plaas van sy ma gekoop en begin boer. Hy het in 1899 lid van die Kaapse wetgewende vergadering geword, en was dit tot die Unie van Suid-Afrika in 1910 gevorm is. Daarna was hy 'n volksraadslid tot met sy dood. Marais het ook op verskeie besture gedien soos die hospitaal- en afdelingsraad van Stellenbosch. Sy sakebelange het gestrek van die Lion Distillery op Vlottenburg tot die Malmesbury Voogdy- en Assuransiemaatskappy. Marais was 'n sleutelfiguur by die stigting van die Afrikaanse koerant Die Burger. In daardie tyd (1914–1915) het hy saamgewerk met die Stellenbosse groepie wat die koerant wou stig. Daar was nie geld om 'n drukpers te koop nie, en Marais het borg gestaan vir die yslike bedrag wat die masjinerie gekos het. Dit is 'n tragedie dat hy nie die eerste verskyning van Die Burger beleef het nie, aangesien die oprigting van so 'n koerant een van sy lewensideale was. Hy het ook diep spore getrap in die onderwys. Marais was lid van die Victoria Kollege (vandag die Universiteit van Stellenbosch) se raad. Kort voor die eeuwisseling was daar 'n groot behoefte aan 'n fisika-gebou, maar daar was nie fondse nie. Marais het toe 'n groot skenking gemaak om die oprigting van die gebou moontlik te maak. By die eerste sitting van die Unie-parlement het Marais gehoor van planne om 'n universiteit in Kaapstad te vestig. Dit kon die einde van die Victoria Kollege beteken het: die destydse regering het 100 000 pond Sterling vereis om nie die Victoria Kollege by die Suid-Afrikaanse Kollege (vandag die Universiteit van Kaapstad) in te lyf nie. Marais het hierdie bedrag in sy testament bewillig, destyds 'n ontsaglike bedrag. As kampvegter vir Afrikaans, het sy testament die bedrag onder die volgende voorwaarde bewillig: “Ter bevordering van het hoger onderwijs te Stellenbosch, doch meer beijzonder van het onderwijs in en door middel van de Hollandse taal in zijn beide vormen (dat wil zeggen Afrikaans zowel als Nederlands) en wel te dien einde dat in zodanige onderwijs de Hollandse taal in zijn beide vormen als voormeld geen mindere plaats dan de andere officiële landstaal zal innemen.” Marais en sy vrou het nie kinders gehad nie. Hy het ook geld nagelaat aan instellings soos die Instituut vir Dowes en Blindes op Worcester en die Kindersendinghuis in Kaapstad. Met die restant van sy boedel is Het Jan Marais Nationale Fonds gestig, wat reeds studielenings aan duisende studente deur die jare beskikbaar gestel het. Nalatenskap[wysig | wysig bron] Die Jan Marais Natuurreservaat is na hom vernoem. In 2015 het die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns ’n prys in sy naam bekendgestel vir ’n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal deur wetenskaplike werk en publikasies op hoë vlak en van hoë gehalte in Afrikaans. Sien ook[wysig | wysig bron] Bronne[wysig | wysig bron] - Die Burger, 2005/10/7
<urn:uuid:d8c7445c-5ec8-4622-a7d9-01a525b4ce72>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Jannie_Marais
2019-07-23T05:11:26Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00085.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999964
false
Lys van Bisantynse keisers Die Lys van Bisantynse keisers bevat die heersers van die Bisantynse Ryk van die stigting van Konstantinopel in 330 n.C. tot die ryk se verowering deur die Ottomaanse Ryk in 1453. Net die keisers wat as wettige heersers erken is en soewereine mag gehad het, is ingesluit. Valse aanspraakmakers en junior medekeisers is uitgesluit. Keiser van die Bisantynse Ryk | | ---|---| Embleem van die Paleologus-dinastie Tydperk | 330-1453 n.C. | Eerste monarg | Konstantyn I | Laaste monarg | Konstantyn XI Paleologus | Titel | Keiser en Outokraat van die Romeine | Amptelike tuiste | Konstantinopel | Die lyn keisers begin tradisioneel met die Romeinse keiser Konstantyn die Grote, die eerste Christelike keiser, wat die stad Bisantium herbou het as die keiserlike hoofstad, Konstantinopel. Tydens sy bewind het die belangrikste eienskappe van die Bisantynse Ryk begin ontwikkel: ’n Romeinse politieke bestel wat om Konstantinopel gesentreer was en oorheers is deur die Griekse ooste, met die Christendom as die staatsgodsdiens. Die titel van alle keisers voor Herakleios was amptelik "augustus", hoewel ander titels soos "dominus" ook gebruik is. Hul name is voorafgegaan deur "imperator caesar" en gevolg deur "augustus". Ná Herakleios het die algemene titel die Griekse "basileus" (βασιλεύς) geword. Ná die stigting van die mededingende Romeinse Ryk in Wes-Europa is die titel "autokrator" (αυτοκράτωρ) al hoe meer gebruik. In latere eeue is hulle soms "keiser van die Grieke" genoem deur Westerse Christene, maar hulle het hulself steeds as "Romeinse keisers" beskou. Teen die einde van die ryk se bestaan het hulle na hulself verwys as "[Keiser se naam] in Christus, Keiser en Outokraat van die Romeine". Inhoud Konstantynse dinastie (306–363)Wysig Naam | Bewind | Opmerkings | | ---|---|---|---| Konstantyn I "die Grote" (Grieks: Κωνσταντίνος Α' ο Μέγας, Latyn: Gaius Flavius Valerius Aurelius Constantinus) | 19 September 324 – 22 Mei 337 | Gebore omstreeks 273/4 in Naissus as die seun van die "augustus" Constantius Chlorus en sy vrou, Helena. Het met sy pa se dood op 25 Julie 306 "augustus" van die westerse ryk geword, en in 312 alleenheerser van die westerse ryk. In 324 het hy die oosterse "augustus" Licinius verslaan en die ryk verenig. Hy was tot met sy dood die alleenheerser daarvan. | | Constantius II (Κωνστάντιος [Β'], Flavius Iulius Constantius) | 22 Mei 337 – 5 Oktober 361 | Gebore op 7 Augustus 317 as die tweede oudste seun van Konstantyn I. Met sy pa se dood het hy die oostelike derde van die Romeinse Ryk geërf. Hy was alleenheerser van die Romeinse Ryk vanaf 353, met die oorwinning van die Westerse indringer Magnentius. | | Constans I (Κώνστας Α', Flavius Iulius Constans) | 22 Mei 337 – Januarie 350 | Gebore omstreeks 323 as die derde oudste seun van Konstantyn I. Hy was "caesar" sedert 333 en het die sentrale derde van die Romeinse Ryk geërf met sy pa se dood. In 348 het hy alleenheerser in die weste geword ná die dood van Constantius II. | | Julianus "die Afvallige" (Ιουλιανός "ο Παραβάτης", Flavius Claudius Iulianus) | 5 Oktober 361 – 28 Junie 363 | Gebore in Mei 332; die kleinseun van Constantius Chlorus en neef van Constantius II. Hy het keiser geword ná die dood van Constantius. Dood in ’n veldtog teen die Sassaniede. | Geen dinastie (363–364)Wysig Naam | Bewind | Opmerkings | | ---|---|---|---| Jovianus (Ιοβιανός, Flavius Claudius Iovianus) | 28 Junie 363 – 17 Februarie 364 | Gebore omstreeks 332. Kaptein van die wagte onder Julianus, deur die leër verkies ná Julianus se dood. Dood op ’n terugreis na Konstantinopel. | Dinastie van Valentinianus (364–379)Wysig Naam | Bewind | Opmerkings | | ---|---|---|---| Valentinianus I (Ουαλεντιανός, Flavius Valentinianus) | 26 Februarie 364 – 17 November 375 | Gebore in 321. Hy was ’n offisier onder Julianus en Jovianus en is deur die leër verkies ná laasgenoemde se dood. Hy het sy jonger broer Valens aangewys as keiser van die ooste. | | Valens (Ουάλης, Flavius Iulius Valens) | 28 Maart 364 – 9 Augustus 378 | Gebore in 328. Deur sy broer Valentinianus aangewys as keiser van die ooste. Dood by die Slag van Adrianopel. | | Gratianus (Γρατιανός, Flavius Gratianus) | 9 Augustus 378 – 19 Januarie 379 | Gebore op 18 April/23 Mei 359 as die seun van Valentinianus I. Hy was keiser van die weste en het ook keiser van die ooste geword ná Valens se dood. Hy het Theodosius I toe aangestel as keiser van die ooste. Op 25 Augustus 383 dood in ’n sluipmoordaanval tydens die rebellie van Magnus Maximus. | Dinastie van Theodosius (379–457)Wysig Naam | Bewind | Opmerkings | | ---|---|---|---| Theodosius I "die Grote" (Θεοδόσιος Α' ο Μέγας, Flavius Theodosius) | 19 Januarie 379 – 17 Januarie 395 | Gebore op 11 Januarie 347. Aristokraat en militêre leier, swaer van Gratianus, wat hom aangestel het as keiser van die ooste. Van 392 tot met sy dood alleenheerser van die Romeinse Ryk. | | Arcadius (Αρκάδιος, Flavius Arcadius) | 17 Januarie 395 – 1 Mei 408 | Gebore in 377/378 as die oudste seun van Theodosius I en het hom ná sy dood opgevolg. Nota: In 395 is die Romeinse Ryk permanent verdeel in die Wes-Romeinse en Oos-Romeinse Ryk. | | Theodosius II van Bisantium (Θεοδόσιος Β', Flavius Theodosius) | 1 Mei 408 – 28 Julie 450 | Gebore op 10 April 401 as die enigste seun van Arcadius. Hy het sy pa ná sy dood opgevolg. Terwyl hy van 408 tot 414 minderjarig was, het Anthemius as regent regeer. | | Marcianus (Μαρκιανός, Flavius Valerius Marcianus) | 450 – Januarie 457 | Gebore in 396. Hy was ’n soldaat en politikus en het keiser geword ná sy troue met die "augusta" Pulcheria, suster van Theodosius II, ná laasgenoemde se dood. Dood weens gangreen. | Thraciese dinastie (457–518)Wysig Naam | Bewind | Opmerkings | | ---|---|---|---| Leo I "die Thraciër", "die Slagter" of "die Grote" (Λέων Α' ο Θράξ, ο Μακέλλης, ο Μέγας, Flavius Valerius Leo) | 7 Februarie 457 – 18 Januarie 474 | Gebore omstreeks 400 as lid van die Thraciese stam Bessi. Hy was ’n offisier en is deur die hoof van die leër gekies as keiser ná Marcianus se dood. Hy was die eerste keiser wat deur die Patriarg van Konstantinopel gekroon is. | | Leo II "die Kleine" (Λέων Β' ο Μικρός, Flavius Leo) | 18 Januarie – 17 November 474 | Gebore omstreeks 467 as die seun van Leo I se dogter, Ariadne, en haar man, Zeno. Hy het eers "caesar" geword en in 473 medekeiser. Kort daarna het hy sy pa as medekeiser en regent gekroon. Kort daarna dood, moontlik vergiftig.[4] | | Zeno (Ζήνων, Flavius Zeno) | 17 November 474 – 9 April 491 | Gebore omstreeks 425. Hy was ’n soldaat en het met die keiser se dogter, Ariadne, getrou. Sy seun het hom op 9 Februarie 474 as medekeiser en regent aangestel en Zeno het alleenheerser geword ná sy seun se dood. | | Basiliscus (Βασιλίσκος, Flavius Basiliscus) | 9 Januarie 475 – Augustus 476 | Generaal en swaer van Leo I. Hy het Zeno se bewind oorgeneem, maar is weer deur hom verslaan. Dood in 476/477. | | Anatasius (Αναστάσιος Α' ο Δίκορος, Flavius Anastasius) | 11 April 491 – 9 Julie 518 | Gebore omstreeks 430. Hy was ’n paleisamptenaar (silentiarius) toe die keisererlike weduwee Ariadne hom as haar man kies. Sy bynaam was "Dikoros" vanweë sy heterochromie. | Justiniaanse dinastie (518–602)Wysig Naam | Bewind | Opmerkings | | ---|---|---|---| Justinus I (Ιουστίνος Α', Flavius Iustinus) | Julie 518 – 1 Augustus 527 | Gebore omstreeks 450. Hy was ’n offisier onder Anastasius I en is deur die leër en volk verkies ná laasgenoemde se dood. | | Justinianus I "die Grote" (Ιουστινιανός Α' ο Μέγας, Flavius Petrus Sabbatius Iustinianus) | 1 Augustus 527 – 13/14 November 565 | Gebore in 482/483. Hy was die nefie van Justinus I en het hom ná sy dood opgevolg. | | Justinus II (Ιουστίνος Β', Flavius Iustinus Iunior) | 14 November 565 – 5 Oktober 578 | Gebore omstreeks 520. Nefie van Justinianus I. Hy het die mag oorgeneem ná laasgenoemde se dood met die hulp van die leër en die senaat. Hy het kranksinnig geword en was dus in 573–574 onder die regentskap van sy vrou, Sophia, en in 574–578 onder die regentskap van Tiberius Konstantyn. | | Tiberius II Konstantyn (Τιβέριος Β', Flavius Tiberius Constantinus) | 5 Oktober 578 – 14 Augustus 582 | Gebore omstreeks 535, vriend en aangenome seun van Justinus. Aangewys as "caesar" en regent in 574. Het Justinus II ná sy dood opgevolg. | | Mauricius (Μαυρίκιος, Flavius Mauricius Tiberius) | 14 Augustus 582 – 22 November 602 | Gebore in 539 in Kappadosië. Hy was ’n amptenaar en later generaal. Hy het getrou met die dogter van Tiberius II en het hom ná sy dood opgevolg. Hy het sy seun, Theodosios, in 600 as medekeiser aangewys. Sy bewind is deur Phocas oorgeneem en hy is op 27 November 602 tereggestel. | Geen dinastie (602–610)Wysig Naam | Bewind | Opmerkings | | ---|---|---|---| Phokas (Φωκάς, Flavius Phocas) | 23 November 602 – 4 Oktober 610 | Ondergeskikte in die Balkanse leër; het ’n veldtog gelei waarin Maurikios se mag oorgeneem is. Hy was ’n tiran wat al hoe ongewilder geword het en is deur Herakleios afgesit en tereggestel. | Dinastie van Herakleios (610–695)Wysig Naam | Bewind | Opmerkings | | ---|---|---|---| Herakleios (Ηράκλειος, Flavius Heraclius) | 5 Oktober 610 – 11 Februarie 641 | Gebore omstreeks 575 as die oudste seun van die Eksarg van Afrika, Herakleios die Ouere. Hy het in 609 ’n veldtog teen Phokas begin en hom in Oktober 610 verslaan. | | Konstantyn III amptelik Herakleios Nuwe Konstantyn (Ηράκλειος νέος Κωνσταντίνος, Heraclius Novus Constantinus) | 11 Februarie – 24/26 Mei 641 | Gebore op 3 Mei 612 as die oudste seun van Herakleios by sy eerste vrou, Fabia Eudokia. In 613 is hy tot medekeiser verklaar en ná die dood van Herakleios het hy die troon saam met sy jonger broer, Heraklonas, bestyg. Dood aan tering, na bewering vergiftig deur die keiserlike weduwee Martina. | | Heraklonas (Ηρακλωνάς, Heraclianus) amptelik Konstantyn Herakleios (Κωνσταντίνος Ηράκλειος, Constantinus Heraclius) | 11 Februarie 641 – September 641 | Gebore in 626 as die seun van Herakleios se tweede vrou, Martina, en is in 638 tot medekeiser verklaar. Hy het alleenheerser geword ná die dood van sy halfbroer en medekeiser, Konstantyn III. Hy was onder die regentskap van Martina, maar is deur die leër gedwing om Constans II as medekeiser aan te wys. Hy is in September 641 deur die senaat afgesit. | | Constans II (Κώνστας Β', Constantus II) amptelik Konstantyn "die Bebaarde", (Κωνσταντίνος ο Πωγωνάτος) | September 641 – 15 September 668 | Gebore op 7 November 630 as die seun van Konstantyn III. Hy is in die somer van 641 vanweë druk deur die leër tot medekeiser verklaar ná sy pa se dood en het alleenheerser geword ná die gedonge abdikasie van sy oom Heraklonas. Hy is in ’n sluipmoordaanval dood. | | Konstantyn IV "die Bebaarde" (Κωνσταντίνος Δ' ο Πωγωνάτος) | 15 September 668 – September 685 | Gebore in 652 as die seun van Constans II, en hy het sy pa opgevolg ná dié se moord. Hy is verkeerdelik deur historici Konstantyn die Bebaarde genoem weens verwarring met sy pa. Dood aan disenterie. | | Justinianus II "met die Afgesnyde Neus" (Ιουστινιανός Β' ο Ρινότμητος) | September 685 – 695 | Gebore in 669. Hy is in 681 as medekeiser aangewys en het alleenheerser geword ná Konstantyn IV se dood. Afgesit in ’n militêre opstand in 695, vermink (vandaar sy bynaam) en verban. Hy het in 705 sy troon herower. | Twintig jaar van anargie (695–717)Wysig Naam | Bewind | Opmerkings | | ---|---|---|---| Leontios (Λεόντιος) | 695–698 | Hy was ’n generaal en het Justinianus II afgesit. In 698 is hy in nog ’n opstand van die troon gesit. Hy is in Februarie 706 tereggestel. | | Tiberius III (II) Apsimar (Τιβέριος Γ' Αψίμαρος) | 698–705 | ’n Admiraal van Germaanse oorsprong wat aanvanklik Apsimar genoem is. Hy het teen Leontios in opstand gekom ná ’n mislukte ekspedisie. Hy het onder die naam Tiberius regeer tot hy in 705 deur Justinianus II verslaan is. In Februarie 706 tereggestel. | | Justinianus II "met die Afgesnyde Neus" (Ιουστινιανός Β' ο Ρινότμητος) | Augustus 705 – Desember 711 | Het na die troon teruggekeer danksy Bulgaarse ondersteuning. Het sy seun, Tiberius, in 706 medekeiser gemaak. Hy is in ’n militêre opstand afgesit en doodgemaak. | | Philippikos Bardanes (Φιλιππικός Βαρδάνης) | Desember 711 – 3 Junie 713 | ’n Generaal van Armeens afkoms. Hy het Justinianus II verslaan en is self in ’n opstand verslaan. | | Anastasius II (Αναστάσιος Β') | Junie 713 – November 715 | Oorspronklik Artemios genoem. Hy was ’n burokraat en sekretaris onder Philippikos en is deur die soldate wat laasgenoemde se bewind omvergewerp het, tot keiser verkies. Hy is in nog ’n militêre opstand afgesit. In 718 het hy die troon probeer terugkry en hy is doodgemaak. | | Theodosius III (Θεοδόσιος Γ') | Mei 715 – 25 Maart 717 | Hy was ’n belastingsamptenaar en is deur opstandige troepe as keiser aangewys. Hy het geabdikeer ná die opstand van Leo die Isauriër en het ’n monnik geword. | Siriese dinastie (717–802)Wysig Naam | Bewind | Opmerkings | | ---|---|---|---| Leo III "die Isauriër" (Λέων Γ΄ ο Ίσαυρος) | 25 Maart 717 – 18 Junie 741 | Gebore omstreeks 685 in Commagene. Hy was ’n generaal wat ’n rebellie gelei het en in die lente van 717 die troon oorgeneem het. | | Konstantyn V (Κωνσταντίνος Ε΄ ο Κοπρώνυμος) | 18 Junie 741 – 14 September 775 | Gebore in Julie 718 as die enigste seun van Leo III. Medekeiser sedert 720 en alleenheerser vanaf sy pa se dood. | | Artabasdos (Αρτάβασδος) | Junie 741/742 – 2 November 743 | Generaal en skoonseun van Leo III. Hy het ’n opstand gelei en Konstantinopel oorgeneem, maar is deur Konstantyn V verslaan en afgesit. | | Leo IV "die Kasaar" (Λέων Δ΄ ο Χάζαρος) | 14 September 775 – 8 September 780 | Gebore op 25 Januarie 750 as die oudste seun van Konstantyn V. Medekeiser vanaf 751 en alleenheerser ná sy pa se dood. | | Konstantyn VI (Κωνσταντίνος ΣΤ΄) | 8 September 780 – Augustus 797 | Gebore in 771 as die enigste kind van Leo IV. Medekeiser sedert 776 en alleenheerser vanaf sy pa se dood in 780, tot 790 met sy ma, Irene van Athene, as regent. Hy is onttroon op bevel van Irene, verblind en in die tronk gegooi. Hy is waarskynlik later aan sy wonde dood. | | Irene van Athene (Ειρήνη η Αθηναία) | Augustus 797 – 31 Oktober 802 | Gebore omstreeks 752 in Athene. Sy het met Leo IV getrou en was in 780–790 regent vir haar seun, Konstantyn VI. Sy het in 797 sy bewind oorgeneem. In 802 deur in paleisstaatgreep afgesit. Sy is verban en is op 9 Augustus 803 dood. | Dinastie van Nikephoros (802–813)Wysig Naam | Bewind | Opmerkings | | ---|---|---|---| Nikephoros I "Logothetes" (Νικηφόρος Α΄ ο Λογοθέτης) | 31 Oktober 802 – 26 Julie 811 | Minister van finansies (logothetes) onder Irene. Hy is in die Slag van Pliska gedood. | | Staurakios (Σταυράκιος) | 2 Oktober 811 – 11 Januarie 812 | Enigste seun van Nikephoros I, in Desember 803 as medekeiser aangewys. Hy het sy pa opgevolg. Hy is egter by Pliska gewond en was daarna verlam. Hy is gedwing om te abdikeer en het in ’n klooster gaan woon, waar hy kort daarna oorlede is. | | Michael I Rangabe (Μιχαήλ Α΄ Ραγγαβέ) | 11 Januarie 812 – 11 Julie 813 | Skoondeun van Nikephoros I. Het Staurakios ná sy abdikasie opgevolg. Hy het geabdikeer ná die opstand onder Leo die Armeen en in ’n klooster gaan woon, waar hy op 11 Januarie 844 dood is. Het regeer saam met sy oudste seun, Theophilus as medekeiser. | Geen dinastie (813–820)Wysig Naam | Bewind | Opmerkings | | ---|---|---|---| Leo V "die Armeen" (Λέων Ε' ο Αρμένιος) | 11 Julie 813 – 25 Desember 820 | Gebore omstreeks 775. Hy was ’n generaal van Armeense oorsprong. Hy het teen Michael I in opstand gekom en keiser geword. Hy het sy seun Symbatios in 813 medekeiser gemaak onder die naam Konstantyn. Vermoor in ’n sameswering onder Michael die Amoriaan. | Frigiese dinastie (820–867)Wysig Naam | Bewind | Opmerkings | | ---|---|---|---| Michael II "die Hakkelaar" of "die Amoriaan" (Μιχαήλ Β΄ ο Τραυλός/Ψελλός, ο εξ Αμορίου) | 25 Desember 820 – 2 Oktober 829 | Gebore in 770 in Amorium, Frigië. Hy was ’n leëroffisier en vriend van Leo V. Hy is in ’n hoë amp aangestel, maar het die sameswering gelei waarin Leo vermoor is. | | Theophilus (Θεόφιλος) | 2 Oktober 829 – 20 Januarie 842 | Gebore in 813 as die oudste seun van Michael II. Hy was medekeiser sedert 821 en het sy pa ná sy dood opgevolg. | | Michael III "die Dronkaard" (Μιχαήλ Γ΄ ο Μέθυσος) | 20 Januarie 842 – 23 September 867 | Gebore op 19 Januarie 840, het Theophilos opgevolg met sy ma, Theodora, as regent tot 856 en met sy oom Bardas in effektiewe beheer van 862 tot 866. Vermoor deur Basilius die Masedoniër. Hy het van plesier gehou en is later deur aanhangers van Basilius "die Dronkaard" genoem. | Masedoniese dinastie (867–1056)Wysig Naam | Bewind | Opmerkings | | ---|---|---|---| Basilius I "die Masedoniër" (Βασίλειος Α΄ ο Μακεδών) | 867 – 2 Augustus 886 | Gebore omstreeks 811 in die Bisantynse distrik Masedonië. Hy het deur paleisdiens opgang gemaak en ’n gunsteling van Michael III geword. Hy het Michael se bewind omvergewerp en die Masedoniese dinastie gestig. | | Leo VI "die Wyse" (Λέων ΣΤ΄ ο Σοφός) | 886 – 11 Mei 912 | Gebore op 19 September 866, waarskynlik óf die seun van Basilius I of Michael III. | | Alexander (III) (Αλέξανδρος Γ΄) | 11 Mei 912 – 6 Junie 913 | Gebore in 870 as die seun van Basilius I. Hy het in 879 medekeiser geword en ná Leo VI se dood keiser. | | Konstantyn VII "die koninklik-geborene" (Κωνσταντίνος Ζ΄ ο Πορφυρογέννητος) | 6 Junie 913 – 9 November 959 | Gebore op 17/18 Mei 905 as die seun van Leo VI. Het op 15 Mei 908 medekeiser geword. Sy vroeë bewind is oorheers deur regente: eers sy ma, Zoë Karbonopsina, en patriarg Nicholas Mystikos, en vanaf 919 deur admiraal Romanos Lekapenos, wat Konstantyn met sy dogter laat trou het en homself in 920 as senior keiser gekroon het. Konstantyn is gesystap tydens die bewind van die Lekapene, maar het beheer oorgeneem deur Romanos se seuns vroeg in 945 af te sit. | | Romanos I Lekapenos (Ρωμανός Α΄ Λεκαπηνός) | 17 Desember 920 – 16 Desember 944 | Hy was ’n admiraal en het mag gekry as regent van die jong Konstantyn VII. Nadat hy die keiser met sy dogter laat trou het, het hy homself gekroon as senior keiser. Romanos het sy seuns Christopher, Stephen en Konstantyn as medekeisers aangestel bo Konstantyn VII, maar is self deur die twee laasgenoemdes omvergewerp en gedwing om ’n monnik op ’n eiland te word. Hy is op 15 Junie 948 daar dood. | | Romanos II "die koninklik-geborene" (Ρωμανός Β΄ ο Πορφυρογέννητος) | 9 November 959 – 15 Maart 963 | Gebore op 15 Maart 938, die laaste oorlewende seun van Konstantyn VII. Hy het laasgenoemde ná sy dood opgevolg. Hy was tot met sy dood aan die bewind, maar die regering is meestal deur die eunug Joseph Bringas gelei. | | Nikephoros II Phokas (Νικηφόρος Β΄ Φωκάς) | 16 Augustus 963 – 11 Desember 969 | Gebore omstreeks 912 in die magtige Phokas-clan van Bisantium. Hy was die suksesvolste generaal van sy generasie en ná Romanos II se dood het hy die troon met die hulp van die leër en volk bestyg as regent vir die jong keisers Basilius II en Konstantyn VIII. Hy het ook met die keiserlike weduwee, Theophano, getrou. | | Johannes I Tzimiskes (Iωάννης Α΄ Κουρκούας ο Τσιμισκής) | 11 Desember 969 – 10 Januarie 976 | Gebore omstreeks 925. Hy was die nefie van Nikephoros Phokas. Hy was ’n suksesvolle generaal en het ’n uitval gehad met sy oom. Hy het ’n sameswering deur ontevrede generaals gelei, wat sy oom vermoor het. Tzimiskes het Nikephoros opgevolg as keiser en regent vir die jong seuns van Romanos II. Hy is op ’n veldtog in die ooste dood. | | Basilius II "die Bulgare-uitwisser" (Βασίλειος Β΄ ο Βουλγαροκτόνος) | 10 Januarie 976 – 15 Desember 1025 | Gebore in 958 as die oudste seun van Romanos II. Die eerste dekade van sy bewind is gekenmerk deur mededinging met die magtige Basilius Lekapenos. Hy het ’n veldtog teen Bulgarye gelei en dit in 1018 onderwerp, vandaar sy bynaam. Sy bewind word beskou as die hoogtepunt van die Middeleeuse Bisantynse Ryk. | | Konstantyn VIII "die Koninklik-geborene" (Κωνσταντίνος Η΄ ο Πορφυρογέννητος) | 15 Desember 1025 – 15 November 1028 | Gebore in 960 as die tweede oudste seun van Romanos II. Hy het in Maart 962 medekeiser geword. Tydens Basilius II se bewind het hy ’n plesierige lewe gelei. Tydens sy kort tyd op die troon was hy ’n onbelangstellende heerser wat maklik deur ander beïnvloed is. Hy was ook bekommerd oor sameswerings teen hom, veral deur die militêre aristokrasie, en baie van hulle is verblind en verban. Op sy sterwensbed het hy Romanos Argyros as man vir sy dogter, Zoë, gekies.[5] | | Zoë "die Koninklik-geborene" (Ζωή η Πορφυρογέννητη) | 15 November 1028 – Junie 1050 | Sy was die dogter van Konstantyn VIII en hom ná sy dood opgevolg. Haar drie mans, Romanos III (1028–1034), Michael IV (1034–1041) en Konstantyn IX (1042–1050), het saam met haar regeer. | | Romanos III Argyros (Ρωμανός Γ΄ Αργυρός) | 15 November 1028 – 11 April 1034 | Gebore in 968. Hy is op Konstantyn VII se sterwensbed deur hom gekies om met sy dogter, Zoë, te trou en het saam met haar regeer. | | Michael IV "die Paflagoniër" (Μιχαήλ Δ΄ ο Παφλαγών) | 11 April 1034 – 10 Desember 1041 | Gebore in 1010. Hy het die minnaar van keiserin Zoë geword terwyl haar eerste man, Romanos III, nog gelewe het. Hy het hom ná sy dood as keiser en haar man opgevolg. Hy is ná ’n lang siekte dood. | | Michael V Kalaphates (Μιχαήλ Ε΄ ο Καλαφάτης) | 10 Desember 1041 – 20 April 1042 | Gebore in 1015. Hy was die nefie en aangnome seun van Michael IV. Tydens sy bewind het hy Zoë probeer systap, maar ’n volksopstand het hom gedwing om haar op 19 April 1042 as keiserin te herstel saam met haar suster, Theodora. Hy is die volgende dag afgesit en gekastreer. Hy is op 24 Augustus 1042 dood. | | Theodora (Θεοδώρα) | 19 April 1042 – ná 31 Augustus 1056 | Gebore in 984 en die jonger suster van Zoë. Sy het op 19 April 1042 medekeiserin geword. Nadat Zoë in Junie met haar derde man, Konstantyn XI, getrou het, is Theodora weer gesystap. Na Konstantyn se dood in 1055 (Zoë is in 1050 dood), het sy alleenheerser geword. Sy het tot met haar dood regeer en Michael VI as haar opvolger benoem. | | Konstantyn IX Monomachus (Κωνσταντίνος Θ΄ Μονομάχος) | 11 Junie 1042 – 7, 8 of 11 Januarie 1055 | Gebore omstreeks 1000 en van adellike afkoms. Hy is deur Michael IV na Lesbos verban. Hy het teruggekeer toe hy as Zoë se derde man gekies is. | Geen dinastie (1056–1057)Wysig Naam | Bewind | Opmerkings | | ---|---|---|---| Michael VI Bringas, "Stratiotikos" of "die Oue" (Μιχαήλ ΣΤ΄ Βρίγγας, ο Στρατιωτικός, ο Γέρων) | September 1056 – 31 Augustus 1057 | ’n Hofburokraat. Hy is in ’n militêre opstand onder Isak Komnenos afgesit en daarna in ’n klooster gaan bly waar hy in 1059 dood is. | Komnenos-dinastie (1057–1059)Wysig Naam | Bewind | Opmerkings | | ---|---|---|---| Isak I Komnenos (Ισαάκιος Α΄ Κομνηνός) | 5 Junie 1057 – 22 November 1059 | Gebore omstreeks 1005. Hy was ’n suksesvolle generaal wat tot keiser verkies is ná Michael VI se abdikasie op 31 Augustus 1057. Hy het in 1059 geabdikeer en is omstreeks 1061 dood. | Doukas-dinastie (1059–1081)Wysig Naam | Bewind | Opmerkings | | ---|---|---|---| Konstantyn X Doukas (Κωνσταντίνος Ι΄ Δούκας) | 24 November 1059 – 22 Mei 1067 | Gebore in 1006. Hy het ’n generaal geword en ’n bondgenoot van Isak Komnenos; hy het hom ná sy abdikasie opgevolg. Hy het sy seuns, Michael, Andronikos en Konstantyn as medekeisers aangewys. | | Michael VII Doukas (Μιχαήλ Ζ΄ Δούκας) | 22 Mei 1067 – 24 Maart 1078 | Gebore in 1050 as die oudste seun van Konstantyn X. Hy was medekeiser vanaf 1059 en het sy pa ná sy dood opgevolg met sy ma, Eudokia Makrembolitissa, as regent in 1067–1068. Hy was junior keiser onder haar tweede man, Romanos IV Diogenes, in 1068–1071. Hy was senior keiser in 1071–1078 en het sy seun, Konstantyn, as medekeiser saam met sy broers aangewys. Hy het voor die opstand van Nikephoros Botaneiates geabdikeer, in ’n klooster gaan woon en is omstreeks 1090 dood. | | Romanos IV Diogenes (Ρωμανός Δ΄ Διογένης) | 1 Januarie 1068 – 24 Oktober 1071 | Gebore in 1032. Hy was ’n suksesvolle generaal en het met die keiserlike weduwee Eudokia Makrembolitissa getrou. Hy het later senior keiser geword as beskermer van haar seuns by Konstantyn X. Hy is deur die Doukas-partisane afgesit, verblind en in Junie 1072 verban. Hy is kort daarna dood. | | Nikephoros III Botaneiates (Νικηφόρος Γ΄ Βοτανειάτης) | 31 Maart 1078 – 4 April 1081 | Gebore in 1001. Hy was ’n generaal van die distrik van Anatolië. Hy het teen Michael VII in opstand gekom en het hom opgevolg. Hy is in 1081 verslaan en het in ’n klooster gaan bly waar hy op 10 Desember van dié jaar dood is. | Komnenos-dinastie (1081–1185)Wysig Naam | Bewind | Opmerkings | | ---|---|---|---| Alexios I Komnenos (Αλέξιος Α' Κομνηνός) | 4 April 1081 – 15 Augustus 1118 | Gebore in 1048 en ’n nefie van Isak I Komnenos. Hy was ’n vooraanstaande generaal en het Nikephoros III se bewind omvergewerp. Hy het Konstantyn Doukas tot in 1087 as medekeiser laat aanbly en sy oudste seun, Johannes, in 1092 as medekeiser aangewys. | | Johannes II Komnenos (Ιωάννης Β' Κομνηνός) | 15 Augustus 1118 – 8 April 1143 | Gebore op 13 September 1087 as die oudste seun van Alexios I. Hy was medekeiser vanaf 1092 en het sy pa ná sy dood opgevolg. Hy was ’n gewilde heerser en beken as "Johannes die Goeie". Hy het sy oudste seun, Alexios Komnenos, in 1122 as medekeiser aangewys, maar Alexios is voor hom dood. | | Manuel I Komnenos (Μανουήλ Α' Κομνηνός) | 1143 – 24 September 1180 | Gebore op 28 November 1118 as die derde oudste en jongste seun van Johannes II. Sy pa het hom op sy sterwensbed bo sy tweede oudste seun, Isak Komnenos, as sy opvolger aangewys. | | Alexios II Komnenos (Αλέξιος B' Κομνηνός) | 24 September 1180 – Oktober 1183 | Gebore op 14 September 1169 as die enigste seun van Manuel I met sy ma, Maria van Antiogië, as regent in 1180–1182. Haar bewind is omvergewerp deur Andronikos I Komnenos, wat medekeiser geword het. Hy het Alexios II eindelik afgesit en doodgemaak. | | Andronikos I Komnenos (Ανδρόνικος Α' Κομνηνός) | 1183 – 11 September 1185 | Gebore omstreeks 1118. Hy was ’n broerskind van Johannes II. Sy pa was Isak Komnenos. Hy het Maria van Antiogië se bewind in 1182 omvergewerp en die troon van sy nefie, Alexios II, afgeneem. Hy was ’n ongewilde heerser en sy bewind is ’n ’n volksopstand omvergewerp. | Angelos-dinastie (1185–1204)Wysig Naam | Bewind | Opmerkings | | ---|---|---|---| Isak II Angelos (Ισαάκιος Β' Άγγελος) | 1185–1195 | Gebore in September 1156. Hy het aan die bewind gekom tydens ’n volksopstand teen Andronikos I. Hy is eindelik afgesit, verblind en in die tronk gestop deur sy ouer broer, Alexios III. | | Alexios III Angelos (Αλέξιος Γ' Άγγελος) | 1195 – 17/18 Julie 1203 | Gebore in 1153. Hy was die oudste broer van Isak II. Hy is afgesit deur die Kruisvaarders en is in 1211 in bannelingskap dood. | | Isak II Angelos (Ισαάκιος Β' Άγγελος) | 18 Julie 1203 – 27/28 Januarie 1204 | Teruggesit op die troon deur die Kruisvaarders. Die eintlike mag is gehou deur sy seun, Alexios IV. Hy is in Januarie 1204 deur Alexios V Doukas van die troon gesit en is op 28 Januarie 1204, montlik weens vergiftiging. | | Alexios IV Angelos (Αλέξιος Δ' Άγγελος) | 1 Augustus 1203 – 27/28 Januarie 1204 | Gebore in 1182 as die seun van Isak II. Hy het sy pa op die troon laat terugplaas en het saam met hom regeer. Hy is in Januarie 1204 afgesit deur Alexios V Doukas en op 8 Februarie verwurg. | | Alexios V Doukas "Mourtzouphlos" (Αλέξιος Ε' Δούκας ο Μούρτζουφλος) | 5 Februarie 1204 – 13 April 1204 | Gebore in 1140. Hy was die skoonseun van Alexios III en ’n vooraanstaande aristokraat. Hy het Isak II en Alexios IV se bewind in ’n paleisstaatsgreep omvergewerp. Hy is deur die Kruisvaarders gevang en in Desember 1205 tereggestel. | Laskaris-dinastie (Ryk van Nicea, 1204–1261)Wysig Naam | Bewind | Opmerkings | | ---|---|---|---| Theodoros I Laskaris (Θεόδωρος Α΄ Λάσκαρις) | 1205– Desember 1221/1222 | Gebore omstreeks 1174. Hy was die skoonseun van Alexios III. Sy broer Konstantyn Laskaris is deur die burgers van Konstantinopel tot keiser verkies op die dag dat die Kruisvaarders die stad ingeneem het; hy het later na Nicea gevlug, waar Theodoros die Griekse weerstand teen die Latyne gereël het. Hy het Konstantyn ná sy dood in 1205 opgevolg, maar is eers in 1208 gekroon. Hy het die Ryk van Nicea gestig, wat die sterkste Griekse opvolgerstaat was. | | Johannes III Doukas Vatatzes (Ιωάννης Γ' Δούκας Βατάτζης) | 15 Desember 1221/1222– 3 November 1254 | Gebore omstreeks 1192. Hy het Theodoros I se skoonseun en in 1212 sy opvolger geword. | | Theodoros II Laskaris (Θεόδωρος Β' Λάσκαρις) | 3 November 1254– 18 Augustus 1258 | Gebore in 1221/1222 as die enigste seun van Johannes III, en het sy pa ná sy dood opgevolg. | | Johannes IV Laskaris (Ιωάννης Δ' Λάσκαρις) | 18 Augustus 1258– 25 Desember 1261 | Gebore op 25 Desember 1250 as die enigste seun van Theodoros II, en het sy pa ná sy dood opgevolg. Sy regent was eers George Mouzalon tot met sy moord, en daarna Michael Paleologus, wat binne maande as senior keiser gekroon is. Dié het Johannes heeltemal gesystap, hom verblind en in die tronk gestop waar hy omstreeks 1305 dood is. | Paleologus-dinastie (Konstantinopel herstel, 1261–1453)Wysig Naam | Bewind | Opmerkings | | ---|---|---|---| Michael VIII Paleologus (Μιχαήλ Η' Παλαιολόγος) | 1 Januarie 1259– 11 Desember 1282 | Gebore in 1223 as die agterkleinseun van Alexios III. Senior keiser saam met Johannes IV in 1259, alleenheerser vanaf 25 Desember 1261. | | Andronikos II Paleologus (Ανδρόνικος Β' Παλαιολόγος) | 11 Desember 1282– 24 Mei 1328 | Gebore op 25 Maart 1259 as die seun van Michael VIII. Hy het in September 1261 medekeiser geword en ná Michael se dood alleenheerser. Hy het die leër verwaarloos en in sy tyd het Bisantium se posisie in Klein-Asië ineengestort. Hy het sy seun Michael IX as medekeiser aangestel. In ’n Bisantynse burgeroorlog is hy eers gedwing om sy kleinseun Andronikos III as medekeiser te erken en daarna van die troon afgesit. Hy is op 13 Februarie 1332 dood. | | Andronikos III Paleologus (Ανδρόνικος Γ' Παλαιολόγος) | 24 Mei 1328– 15 Junie 1341 | Gebore op 25 Maart 1297 as die seun van Michael IX en in 1316 as medekeiser aangewys. Hy het sy oupa Andronikos II in 1328 onttroon en tot met sy dood as alleenheerser regeer. | | Johannes V Paleologus (Ιωάννης Ε' Παλαιολόγος) | 15 Junie 1341– 12 Augustus 1376 | Enigste seun van Andronikos III. Hy is nie as medekeiser of opvolger aangewys nie en dit het gelei tot ’n burgeroorlog tussen sy regente en sy pa se naaste bondgenoot, Johannes VI Kantakouzenos, wat as medekeiser gekroon is. Die konflik het in 1347 geëindig toe Kantakouzenos as senior keiser erken is, maar hy is in 1354 deur Johannes onttroon tydens nog ’n burgeroorlog. Matteus Kantakouzenos, wat deur Johannes VI as medekeiser aangewys is, is ook in 1357 afgesit. Johannes V het die Weste se hulp teen die Otoomaanse Ryk gevra, maar in 1371 is hy gedwing om Ottomaanse opperheerskappy te aanvaar. Hy is in 1376 deur sy seun Andronikos IV van die troon gesit. | | Johannes VI Kantakouzenos (Ιωάννης ΣΤ' Καντακουζηνός) | 8 Februarie 1347– 4 Desember 1354 | ’n Familielid aan moederskant van die Paleologusse. Hy is op 26 Oktober 1341 as medekeiser aangewys en is tien jaar lank as senior keiser erken ná die einde van die Bisantynse burgeroorlog van 1341 tot 1347. Hy is in 1354 deur Johannes V onttroon, het ’n monnik geword en is op 15 Junie 1383 dood. | | Andronikos IV Paleologus (Ανδρόνικος Δ΄ Παλαιολόγος) | 12 Augustus 1376– 1 Julie 1379 | Gebore op 2 April 1348 as die seun van Johannes V en kleinseun van Johannes VI. Hy het omstreeks 1352 medekeiser geword. Hy het sy pa se bewind op 12 Augustus 1376 omvergewerp en regeer tot in 1379 toe sy eie bewind omvergewerp is. Hy is in 1381 weer as medekeiser erken en is op 28 Junie 1385 dood. | | Johannes V Paleologus (Ιωάννης Ε' Παλαιολόγος) | 1 Julie 1379– 14 April 1390 | Is herstel as medekeiser. Hy het in 1381 vrede gemaak met Andronikos IV en hom weer aangestel as medekeiser. Hy is in 1390 weer onttroon, dié keer deur sy kleinseun Johannes VII. | | Johannes VII Paleologus (Ιωάννης Ζ' Παλαιολόγος) | 14 April 1390– 17 September 1390 | Gebore in 1370 as die seun van Andronikos IV. Hy was in 1377–1379 medekeiser onder sy pa. Hy het sy oupa Johannes V in 1390 vir vyf maande van die troon verdring, maar met Ottomaanse bemiddeling is hy met sy oupa en sy oom Manuel II versoen. Hy is op 22 September 1408 dood. | | Johannes V Paleologus (Ιωάννης Ε' Παλαιολόγος) | 17 September 1390– 16 Februarie 1391 | Hy is tot senior keiser herstel en het tot met sy dood in Februarie 1391 regeer. | | Manuel II Paleologus (Μανουήλ Β' Παλαιολόγος) | 16 Februarie 1391– 21 Julie 1425 | Gebore op 27 Junie 1350 as die tweede seun van Johannes V. Hy het in 1373 medekeiser geword. Ná Johannes V se dood het hy alleenheerser geword en regeer tot met sy dood. | | Johannes VIII Paleologus (Ιωάννης Η' Παλαιολόγος) | 21 Julie 1425– 31 Oktober 1448 | Gebore op 18 Desember 1392 en was die oudste oorlewende seun van Manuel II. Hy het omstreeks 1416 medekeiser geword en sy pa ná sy dood opgevolg. | | Konstantyn XI Paleologus (Κωνσταντίνος ΙΑ' Παλαιολόγος) | 6 Januarie 1449– 29 Mei 1453 | Gebore op 8 Februarie 1405 as die vierde seun van Manuel II. As oudste oorlewende broer het hy Johannes VIII ná sy dood opgevolg. Ná vergeefse oproepe om hulp aan die Weste, val Konstantinopel voor ’n finale Ottomaanse aanslag op 29 Mei 1453.[6] | Paleologus-aanspraakmakers in bannelingskapWysig Foto | Naam | Status | Gebore | Keiser van | Keiser tot | Oorlede | ---|---|---|---|---|---|---| Demetrios Paleologus Δημήτριος Παλαιολόγος | Seun van Manuel II, broer van Johannes VIII en Konstantyn XI | omstreeks 1407 | 1453 | 1460 | 1470 | | Thomas Paleologus Θωμάς Παλαιολόγος | Seun van Manuel II, broer van Johannes VIII en Konstantyn XI | omstreeks 1409 | 1453 | 12 Mei 1465 | 12 Mei 1465 | | Andreas Paleologus Ανδρέας Παλαιολόγος | Seun van Thomas | omstreeks 1453 | 12 Mei 1465 | 1502 | 1502 | VerwysingsWysig - Hooker, Richard (4 June 2007). "The Byzantine Empire. Middle Ages. World Cultures". - p. 183, Karayannopoulous, Yanis, "State Organization, Social Structure, Economy, and Commerce," History of Hunamity – Scientific and Cultural Development from the Seventh to the Sixteenth Centuries, Vol. IV, M.A. Al-Bakhit, L. Bazin, S.M. Cissoko en M.S. Asimov, red., Unesco, Parys (2000) - Nicol, Donald MacGillivray, Last Centuries of Byzantium, 1261–1453, Cambridge University Press, 2de uitg., 1993, bl. 72 - Kazhdan, Alexander P. (1991). "Leo II". Oxford Dictionary of Byzantium. New York; Oxford: Oxford University Press. 1207–1208. ISBN 978-0-19-504652-6. - "Constantine VIII". Oxford Dictionary of Byzantium. (1991). New York; Oxford: Oxford University Press. 503–504. ISBN 978-0-19-504652-6. - Talbot, Alice-Mary (1991). "Constantine XI Palaiologos". Oxford Dictionary of Byzantium. New York; Oxford: Oxford University Press. ISBN 978-0-19-504652-6.
<urn:uuid:51a7da62-dfb4-47ff-b6ec-0a3ccb167a8a>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Lys_van_Bisantynse_keisers
2019-07-15T18:32:10Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195523840.34/warc/CC-MAIN-20190715175205-20190715201205-00269.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999913
false
1281 jaar 1281 | ◄ | 12de eeu | ◄13de eeu► | 14de eeu | ► | Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal | Sien ook: Kategorie:1281 | Kalenders | | Die jaar 1281 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 81ste jaar van die 13de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
<urn:uuid:dc3da4ca-636f-4581-9533-9711fbce787a>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/1281
2019-07-16T22:31:35Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00429.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99997
false
Bleikmiddel Bleikmiddels is chemikalieë wat gebruik word om 'n groot verskeidenheid van stowwe, insluitende tekstielstowwe, papier en voedsel, te bleik (ontkleur). Die meeste van die bleikprosesse is chemies van aard, met ander woorde die kleurstof word vernietig of in 'n ander stof omgeskakel. By optiese metodes word 'n ander kleurstof bygevoeg sodat die mengsel 'n ander kleur het. Soms het 'n stof onsuiwerhede wat deur 'n ander stof geabsorbeer kan word wanneer die twee stowwe in kontak met mekaar is, Nadat die onsuiwerhede verwyder is, lyk die oorspronklike stof wit of kleurloos. Hierdie proses word fisiese bleik genoem. Die bekendste bleikmiddels is waterstofperoksied, swaeldioksied en geaktiveerde koolstof. Inhoud Klasse bleikmiddelsWysig Bleikmiddels kan dus in chemiese, fisiese en optiese bleikmiddels verdeel word. Chemiese bleikmiddelsWysig Chemiese bleikmiddels word in twee groepe onderverdeel, naamlik oksiderende en reduserende bleikmiddels. Oksiderende middelsWysig Hierdie middels vernietig die kleurstof en kan nie vir alle stowwe gebruik word nie, want dit kan die stof self ook aantas. - Osoon, O3, word vir die bleik van wasgoed en tekstielware gebruik. Osoon kom in klein hoeveelhede in die atmosfeer voor as 'n gas. Die baie ou metode om wasgoed en tekstielware in die son te bleik, berus op die vorming van osoon onder die invloed van sonlig. - Waterstofperoksied, H2O2 is 'n vloeistof en word in apteke as verdunde oplossings verkoop. Dit kan gebruik word om vere, hare, ivoor, tabak, olie en vette te bleik, maar is baie onstabiel en verslaan vinnig wanneer dit met lug in aanraking kom. - Natriumhipochloriet, NaOCl is 'n bleikmiddel wat baie algemeen in die huishouding gebruik word. In die handel word dit onder verskeie handelsname as verdunde oplossings bemark. Dit word gebruik om sellulose, papier en wasgoed te bleik, en is ook 'n ontsmettingsmiddel. - Natriumperboraat word in wasmiddels, tandepasta en preparate om kunstande te reinig, gebruik. Natriumperboraat is onskadelik en nie giftig nie. - Kaliumpermanganaat is 'n chemiese stof wat gebruik word om sponse se kleur te verander. Natuurlike spons se kleur is grysbruin tot rooibruin, en met kaliumpermanganaat kan dit geel gebleik word. Reduserende middelsWysig By reduserende bleikmiddels geskied die bleikproses deur die omsetting van die kleurstof na 'n kleurlose stof. Gewoonlik word die materiaal self nie aangetas nie, maar die nadeel van hierdie middels is dat hulle werking nie altyd permament is nie. Dit kan suurstof uit die lug opneem sodat die oorspronklike kleur terugkeer. Enkele reduserende bleikmiddels word hieronder bespreek. Swaeldioksied, SO2 is 'n gas wat vorm wanneer swael in die lug brand en het 'n skerp en verstikkende reuk. Dit word gebruik om veselstowwe, suiker, gelatien en Iym te bleik. Natriumhiposulfiet, Na2S2 O2 word gebruik om voedsel en tekstielstowwe te bleik. Fisiese bleikmiddelsWysig Die werking van hierdie stowwe berus op die absorbering van onsuiwerhede. Die enigste probleem is dat die stof wat die onsuiwerhede absorbeer, van die oorspronklike stof geskei moet word. Daar is twee soorte wat algemeen gebruik word, naamlik geaktiveerde koolstof en bleikaarde. - Geaktiveerde koolstof word by die raffinering van suiker gebruik om die molasse van die suiker te skei. - Bleikaarde word ook volaarde genoem en is 'n poreuse soort klei waarmee onsuiwerhede uit petroleumprodukte, eetbare vette en olies gehaal kan word. Optiese bleikmiddelsWysig Die oudste optiese bleikmiddels is blousel waarmee linne wit gemaak kan word. Deesdae word blousel vervang deur fluoresserende stowwe. Hierdie stowwe het die eienskap dat hulle 'n deel van die onsigbare ultraviolet strale in sonlig in 'n blou of blougroen lig omskakel. Hierdie blou lig weerkaats saam met die geel lig (wat deur die geel gedeeltes van die linne weerkaats word), die kleure vermeng en gee wit lig. Die samestelling van die linne het nie verander nie – dat die hemp so wit Iyk, is bloot 'n optiese illusie. BronnelysWysig - Wêreldspektrum, Vol. 3, 101-102, ISBN 0 908409 44 3
<urn:uuid:4d377896-69e9-4ca8-bdfd-b82ae05659c5>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Bleikmiddel
2019-07-16T22:37:48Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00429.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999985
false
'''Berta Smit''' (1926–1997) was ’n uitgewer en [[Afrikaans]]e [[skrywer]] van godsdienstige literatuur en romans, wat die [[Andrew Murray]]-prys vir haar skryfwerk verower.▼ ▲'''Berta Smit''' (1926–1997[[Hopefield]], [[Suid-Afrika]], [[17 September]] [[1926]] – [[Stellenbosch]], [[Suid-Afrika]], [[17 Februarie]] [[1997]]) was ’n uitgewer en [[Afrikaans]]e [[skrywer]] van godsdienstige literatuur en romans, wat die [[Andrew Murray]]-prys vir haar skryfwerk verower het. == Lewe en werk == Huiberta Johanna Maria Smit is as die jongste van drie kinders op 17 September 1926 op [[Hopefield]] in die [[Sandveld]] gebore. Sy het ’n ouer broer, Arnold, en ’n ouer suster, Regina. Haar pa, Arnold Willem van der Westhuizen Smit (gebore 11 Augustus 1889 en oorlede 3 November 1970), was die eerste skoolhoof van die [[Hoërskool Hopefield]] en haar ma, die verpleegster Johanna Aletta du Plessis (gebore 30 Augustus 1895 en oorlede 17 Desember 1967), skryf onder die naam [[Jeanne du Plessis]] (haar nooiensvan) verskeie kinderverhale en ook verhale vir tydskrifte. Berta matrikuleer aan die Hoërskool Hopefield. Hierna sit sy haar studie voort aan die [[Universiteit Stellenbosch Botaniese Tuin|Universiteit van Stellenbosch]], waar sy die B.A.-graad, B.A. Honneurs-graad en in 1960 die M.A.-graad (met ’n verhandeling oor “''Die roman as metode van kommunikasie''”) in Afrikaans en [[Nederlands]] verwerf. Sy verwerf aan dieselfde universiteit ook die Sekondêre Onderwysdiploma. Na haar voltydse studie hou sy as onderwyseres skool aan die Hoër Meisieskool Bloemhof in Stellenbosch en los daarna af by die Anglikaanse [[Grahamstad]] Opleidingskollege. Sy hou ook in [[Port Elizabeth]] skool, maar siekte dwing haar om vir ’n ruk by haar predikant-broer Arnold in die pastorie te gaan bly. In 1954 word sy redakteur van die Christelike tydskrif ''Naweekpos''. Hierna is sy vanaf 1965 as uitgewer verbonde aan [[Tafelberg Uitgewers]], waar sy later hoof word van die fiksie-afdeling. Tydens ’n leierskursus wat die Afrikaanse Studentevereniging in 1969 op Stellenbosch aanbied, lewer sy ’n belangrike referaat oor die eietydse tendense in die [[Afrikaans]]e roman. Om hierdie tendense, eie aan die werk van die Sestigers, as volksvreemd af te maak is volgens haar om nie die universaliteit van ’n tydsgees te begryp nie. Sy word vanaf 1975 vir sowat nege jaar hoofuitgewer by NG Kerk-Uitgewers. Sy lewer op 25 Maart 1976 die referaat “''Die drie wêrelde van die letterkunde''” by die sesde vyfjaarlikse kongres van die Afrikaanse Skrywerskring in [[Pretoria]]. ’n Paar maande na haar aftrede in 1986 word sy ernstig siek en bring drie maande in die hospitaal deur, waarna sy in 1987 terugkeer na Tafelberg Uitgewers. As uitgewer versorg sy baie van die boeke van ons heel beste skrywers, onder wie [[Hennie Aucamp]], [[M.E.R.]], [[Elsa Joubert]], [[F.A. Venter]], [[Audrey Blignault]] en [[Anna M. Louw]]. In 1989 tree sy af en word vryskut boekeredakteur. Haar gesondheid gaan vanaf 1993 agteruit wanneer sy ’n paar beroertes kry. Sy is nooit getroud nie en woon van die middel tagtigerjare langs haar suster Regina in ’n woonstel op [[Stellenbosch]]. Sy is op Donderdag 19 Februarie 1997 in Stellenbosch oorlede nadat sy breinbloeding opdoenopgedoen het.
<urn:uuid:ce5b26cf-4518-4a1b-b0eb-7ec5264feb56>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/1513277
2019-07-16T22:35:38Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00429.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999999
false
Verwante veranderings ← Quimper Jump to navigation Jump to search Tik 'n bladsynaam om veranderinge aan bladsye te sien wat daarvan of daarheen skakel. (Om inskrywings van 'n kategorie te sien, tik Kategorie:Naam van kategorie). Veranderinge aan bladsye op u dophoulys word in vetdruk aangedui. Lys van afkortings: - N - Met die wysiging is 'n nuwe bladsy geskep. (sien ook die lys van nuwe bladsye) - k - Hierdie is 'n klein wysiging - b - Hierdie wysiging is deur 'n bot gemaak - D - Wikidata-wysiging - (±123) - Bladsy is met die aantal grepe gewysig
<urn:uuid:1e1004c3-d2d6-4a71-b95e-38429d1a1ea8>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:OnlangseVeranderingsMetSkakels/Quimper
2019-07-16T22:49:30Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00429.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999997
false
Vaughn Taylor (akteur) Jump to navigation Jump to search Vaughn Taylor | | Geboorte | 22 Februarie 1910 | ---|---| Nasionaliteit | Amerikaans | Sterfte | 26 April 1983 (op 73) | Beroep(e) | Akteur | Internet-rolprentdatabasis-profiel | Vaughn Taylor (22 Februarie 1910 – 26 April 1983) was 'n Amerikaanse akteur. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente Cat on a Hot Tin Roof (1958), Psycho (1960), en The Gumball Rally (1976), en in die televisiereeks The Twilight Zone (1959). Filmografie[wysig | wysig bron] Rolprente[wysig | wysig bron] - 1957: Jailhouse Rock - 1958: Cat on a Hot Tin Roof - 1958: Gunsmoke in Tucson - 1960: Psycho - 1960: The Gallant Hours - 1968: Fever Heat - 1976: The Gumball Rally Televisiereekse[wysig | wysig bron] - 1947: The Borden Show - 1947: Kraft Theatre - 1948: The Philco-Goodyear Television Playhouse - 1949: The Clock - 1950: Robert Montgomery Presents - 1952: Short Short Dramas - 1953: Johnny Jupiter - 1959: The Twilight Zone - 1960: Coronado 9 - 1961: The Hathaways Televisierolprente[wysig | wysig bron] - 1946: Seven Keys to Baldpate
<urn:uuid:79d16262-9f9c-46a1-9493-340a5004a87f>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Vaughn_Taylor_(akteur)
2019-07-16T23:03:23Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00429.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.901082
false
Wilhelm von Opel Wilhelm von Opel | | Die Opel-broers op 'n vyf-sit-tandemfiets, 1912: Carl, Wilhelm, Heinrich, Fritz, Ludwig Geboortenaam | Wilhelm Opel | ---|---| Gebore | 15 Mei 1871 Rüsselsheim am Main, Duitse Keiserryk (nou Hesse, Duitsland) | Oorlede | 2 Mei 1948 (op 76) Wiesbaden, Duitsland | Nasionaliteit | Duits | Ouers | Adam Opel en Sophie Opel | Beroep | entrepreneur | Bekend vir | medestigter van Opel | Kind(ers) | 2, insluitend Fritz | Wilhelm von Opel (15 Mei 1871 – 2 Mei 1948), bekend as Wilhelm Opel voordat hy veredel is in 1917, was een van die stigters van die Duitse motorvervaardiger Opel. Hy het die monteerlyn aan die Duitse motorbedryf bekend gestel. Sy pa, Adam Opel, het die familiebesigheid as 'n vervaardiger van naaimasjiene gestig, maar later gediversifiseer na fietsvervaardiging. Na Adam se dood in 1895, is beheer van die maatskappy aan sy vyf seuns oorgedra. In 1898 het Wilhelm, en sy broer Fritz, Opel in die motorindustrie gevestig met die aankoop van die klein Lutzmann-motorfabriek in Dessau. In 1917 is Wilhelm en sy broer Heinrich Opel tot die adel van die Groot Hertogdom van Hesse ingelyf. Hul broer Karl ontvang dieselfde rang die volgende jaar. Wilhelm het 'n seun en 'n dogter gehad, Fritz von Opel en Eleonore von Opel. In Januarie 1947 is hy skuldig bevind deur 'n oorlogsmisdaadhof en moes 'n groot boete betaal.[1] Hy is die volgende jaar oorlede. Opel is die oupa van Rikky von Opel en Gunter Sachs. Verwysings[wysig | wysig bron] - Günter Neliba: Die Opel-Werke im Konzern von General Motors (1929–1948) in Rüsselsheim und Brandenburg. Brandes & Apsel Verlag, Frankfurt am Main 2000, ISBN 3-86099-179-5.
<urn:uuid:3cc959f9-709d-420c-98c4-e662b63e2506>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Wilhelm_von_Opel
2019-07-16T23:21:50Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00429.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999665
false
Perm (geologie) Periode/ sisteem | Epog/ serie | Tydsnede/ etage | M. jaar gelede | ---|---|---|---| Trias | Vroeg | Indusium | jonger | Perm | Lopingium | Changhsingium | 252,2–254,1 | Wuchiapingium | 254,1–259,8 | || Guadalupium | Capitanium | 259,8–265,1 | | Wordium | 265,1–268,8 | || Roadium | 268,8–272,3 | || Sisuralium | Kungurium | 272,3–283,5 | | Artinskium | 283,5–290,1 | || Sakmarium | 290,1–295,0 | || Asselium | 295,0–298,9 | || Karboon | Pennsylvanium | Gzhelium | ouer | Die verdeling van die Perm (IKS). | Die Perm is die laaste geologiese periode van die Paleosoïese Era en strek van die einde van die Karboon sowat 298,9 miljoen jaar gelede tot die begin van die eerste periode van die Mesosoïese Era, die Trias, sowat 252,2 miljoen jaar gelede.[1] Dit het in 1841 sy naam gekry van die geoloog sir Roderick Murchison en is genoem na die antieke koninkryk Permië. Dit is ook die laaste chronostratigrafiese sisteem van die Paleosoïese erateem. In die Perm het die vroeë Amniota verdeel in die voorouers van die soogdiere, waterskilpaaie, Lepidosauria en Archosauria. Daar was in dié tyd ’n enkele kontinent, Pangaea, wat omring was deur die oseaan Panthalassa. Die uitgebreide reënwoude van die Karboon het verdwyn en groot, droë woestyne het ontstaan in die middelste dele van die kontinent. Reptiele, wat beter kon aanpas by die droë toestande, het begin oorheers in die plek van hul amfibiese voorouers. Die Perm en die Paleosoïkum het geëindig met die Perm-Trias-uitwissing, die grootste massa-uitwissing in die Aarde se geskiedenis. Byna 90% van die seespesies en 70% van die landspesies is uitgewis.[2] Die Aarde sou eers weer ’n ruk ná die begin van die Trias van dié katastrofe herstel. Verwysings[wysig | wysig bron] Eksterne skakels[wysig | wysig bron] - Die Universiteit van Kalifornië - Klassieke Permiese strata - Voorbeelde van Permiese fossiele - Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Perm (geologie). - Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Perm. Proterosoïkum | Fanerosoïese Eon | ||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Neo- | Paleosoïese Era | Mesosoïese Era | Kainosoïese Era | ||||||||| Ediacarium | Kambrium | Ordovisium | Siluur | Devoon | Karboon | Perm | Trias | Jura | Kryt | Paleogeen | Neogeen | Kwartêr |
<urn:uuid:9fdf0a8d-0396-4d74-a8d3-90d12fbf78b2>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Perm_(geologie)
2019-07-19T10:45:49Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00189.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999768
false
Richmond, Noord-Kaap Richmond | | Loopstraat, Richmond | | Richmond se ligging in Noord-Kaap Koördinate: Koördinate: | | Land | Suid-Afrika | ---|---| Provinsie | Noord-Kaap | Distrik | Pixley ka Seme | Munisipaliteit | Ubuntu | Stigting | 1843 | Oppervlak[1] | | - Dorp+township | 83,1 km² (32,1 vk m) | Bevolking (2011)[1] | | - Dorp+township | 5 122 | - Digtheid | 62/km² (160,6/myl2) | Rasverdeling (2011)[1] | | • Blank | 2.9% | • Indiër/Asiër | 0.6% | • Kleurling | 62.9% | • Swart | 32.6% | • Ander | 0.9% | Taal (2011)[1] | | • Afrikaans | 72.2% | • Xhosa | 21.8% | • Engels | 2.3% | • Ander | 3.6% | Poskode (posbusse) | 7090 | Richmond is 'n klein dorp in die suidooste van die Noord-Kaap, Suid-Afrika en is langs die N1 nasionale pad geleë. Volgens die 2011-sensus het die dorp 'n bevolking van 5 122 gehad, waarvan 255 (2.9%) blank was.[1] Geskiedenis[wysig | wysig bron] Die dorpie het op 11 Oktober 1843 as 'n NG Kerkgemeente ontstaan. Die plaas Driefontein is later gekoop en in woonerwe onderverdeel. Die eerste paar erwe is op 19 April 1845 verkoop. Die dorp is vernoem na die graaf van Richmond, vader van lady Sarah Maitland, vrou van sir Peregrine Maitland, wat die goewerneur van die Kaapkolonie was op daardie tydstip. Die dorp is twee keer deur die Boere aangeval tydens die Tweede Vryheidsoorlog. Distrik[wysig | wysig bron] Die distrik is 7 500 km2 groot. Richmond is bekend om sy merinoboerdery en perdetelery. Richmond beskik oor een van slegs twee perdemuseums in die wêreld. Die drie fonteine waarvan die oorspronklike plaas sy naam gekry het, borrel nog steeds rustig. Die water beland in die Wilgersloot, 'n sytak van die Ongersrivier.[2] Bekende boorlinge[wysig | wysig bron] - Ds. Daniël Jozua Pienaar, leraar en leier in die NG Kerk en onderwysman na die wie die Hoër Tegniese Skool op Uitenhage genoem is. Sien ook[wysig | wysig bron] Verwysings[wysig | wysig bron] Merriman | Deelfontein | Hanover | || Victoria-Wes | Middelburg | ||| Richmond | |||| Nelspoort | Murraysburg | Nieu-Bethesda |
<urn:uuid:cefc1c8a-d2ca-4386-aed6-ca68e4284539>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Richmond,_Noord-Kaap
2019-07-19T10:35:56Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00189.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999572
false
Humiditeit Humiditeit is die hoeveelheid waterdamp in die lug. Waterdamp is die gasvormige toestand van die water en is onsigbaar.[1] Humiditeit dui op die waarskynlikheid van die neerslag, dou, of mis. Hoër humiditeit verminder die doeltreffendheid van die afkoeling van die liggaam deur sweet, omdat die tempo van verdamping van vog uit die vel verminder word. Hierdie effek word bereken in 'n hitte-indeks, wat gebruik word tydens somerweer. Daar is drie hoofmetings van humiditeit: absoluut, relatief en spesifiek. Absolute humiditeit is die water-inhoud van die lug.[2] Relatiewe humiditeit, uitgedruk as 'n persentasie, meet die huidige absolute humiditeit relatief tot die maksimum vir daardie temperatuur. Spesifieke humiditeit is 'n verhouding van die waterdamp-inhoud van die mengsel tot die totale lug inhoud op 'n massa basis. Inhoud DefinisiesWysig Absolute humiditeitWysig Absolute humiditeit is die totale massa waterdamp in 'n gegewe volume van lug. Dit neem nie temperatuur in ag nie. Absolute humiditeit in die atmosfeer strek van naby nul tot ongeveer 30 g/m3 wanneer lug versadig is by 30 °C. Relatiewe humiditeitWysig Relatiewe humiditeit word uitgedruk as 'n persentasie van die maksimum hoeveelheid waterdamp wat lug kan dra by 'n sekere temperatuur. Lug by 100% humiditeit is lug wat heeltemal versadig is aan waterdamp. Dus, as die temperatuur van hierdie lug sou daal, sou daar dadelik waterdruppels vorm. Om die hoeveelheid waterdamp in versadigde lug (100% humiditeit) te bepaal, kan dit soos volg gedoen word: - = Atmosferiese druk. By seevlak is atmosferiese druk 101.325 kPa. - = Dampdruk van water by omgewingstemperatuur. Dit word afgelees van stoomtabelle - neem die druk op die stoomtabel by omgewingstemperatuur. Voorbeeld: Veronderstel die omgewingstemperatuur is 30 °C en die relatiewe humiditeit is 50%. Kom ons bereken hoeveel waterdamp is teenwoordig in die lug by Durban. Die persentasie waterdamp in lug by 100% humiditeit = Die dampdruk van water by 30 °C is 4.242 kPa(a) {Uit stoomtabelle} Omdat ons by Durban is, is die atmosferiese druk = 101.325 kPa Dus, wanneer humiditeit 100% is, is die waterdamp in die lug = 4.242/101.325 = 4.19% Die werklike humiditeit is egter 50%. Dus is die persentasie waterdamp in die lug = 4.19% × 50% = 2.09% Om nou die absolute humiditeit te bereken, kan die volgende stappe gevolg word: - Aanvaar 1 kmol lug: - Bereken die massa van die waterdamp: 1 kmol × 2.09% × 18 kg/kmol = 0.3768 kg waterdamp - Bereken die volume van 1 kmol lug: - Gebruik ideale gaswet: PV = nRT ⇒ V = nRT/P = 1 × 8.314 × (28 + 273.15) / 101.325 = 24.7 m3 - Absolute humiditeit is dus: 0.3768/24.7 = 0.01525 kg/m3 of 15.25 g/m3 Kyk ookWysig VerwysingsWysig - {en} "What is Water Vapor?". Besoek op 2014-07-07. - {en} Wyer, S.S., "A treatise on producer-gas and gas-producers", (1906) The Engineering and Mining Journal, London, p.23
<urn:uuid:5391932e-a5a6-4b5b-8481-b01b9db7b53f>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Humiditeit
2019-07-23T04:51:20Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00109.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998333
false
Felipe VI Felipe VI | | ---|---| Koning van Spanje | | Felipe VI | | Dinastie | Huis van Bourbon (Spaans: Borbón) | Bewind | 19 Junie 2014 | Gebore | 30 Januarie 1968 | Madrid, Spanje | | Voorganger | Juan Carlos I | Gade | Letizia Ortiz Rocasolano | Kinders | Leonor, prinses van Asturië; prinses Sofia | Vader | Juan Carlos I | Moeder | Sophia van Griekeland en Denemarke | Felipe VI (* 30 Januarie 1968 in Madrid as Felipe Juan Pablo y Alfonso de Todos los Santos de Borbón y Grecia), prins van Asturië en Gerona, is ná die abdikasie van sy vader, Juan Carlos I, op 19 Junie 2014 tot koning van Spanje uitgeroep. Inhoud Biografie[wysig | wysig bron] Vroeë lewe[wysig | wysig bron] Felipe VI is op 30 Januarie 1968 in die Madridse hospitaal Clínica de Nuestra Señora de Loreto as derde kind en enigste seun van koning Juan Carlos I en sy gade, koningin Sofia, gebore. Sy volle geboortenaam is Felipe Juan Pablo Alfonso de Todos los Santos de Borbón y de Grecia. Met dié naam, wat hy op 8 Februarie 1968 in die Zarzuela-paleis tydens sy doop deur die destydse aartsbiskop van Madrid, Monseñor Casimiro Morcillo González, ontvang het, is die prins volgens 'n tradisie in die Huis van Borbón na die eerste Spaanse koning uit die Huis Borbón (Filips of Felipe V), sy grootvaders (Juan, graaf van Barcelona en koning Paul van Griekeland), sy oergrootvader koning Alfonso XII van Spanje en alle heiliges vernoem. Sy peetouers was sy grootvader aan vaderskant, Infante Juan de Borbón y Battenberg, graaf van Barcelona, en sy oergrootmoeder aan vaderskant, koningin-weduwee Victoria Eugénie van Battenberg.[1] Kort ná sy geboorte het hy die titel en adellike rang van Infante ontvang wat in die Spaanse koninkryk tradisioneel aan die seun van die heersende monarg gegee word, alhoewel sy vader indertyd nog nie as koning ingehuldig was nie en Felipe sodoende ook nog nie die amptelike troonvolger was nie. Enkele maande voor Felipe se agtste verjaardag is die heersende diktator, generaal Francisco Franco, oorlede, en twee dae later is Juan Carlos I as koning van Spanje uitgeroep. Op 30 Januarie 1986 het Felipe in die ouderdom van 18 in die Spaanse parlement die eed van getrouheid aan die Spaanse grondwet en die koning afgelê en sodoende sy grondwetlike rol as troonopvolger aanvaar. Die nag van 23 Februarie 1981[wysig | wysig bron] Die staatsgreep van 23 Februarie 1981 was 'n mislukte poging van lede van die Guardia Civil en die Spaanse leër om die demokratiese bestel omver te werp en 'n nuwe diktatuur te vestig. Felipe VI se vader het politieke weestand teen die reaksionêre militariste gebied. In die nag van 23 Februarie het hy in sy werkkamer ure lank met offisiere oor die staatsgreep beraadslaag. Van die dertienjarige prins is verwag om die vergadering by te woon. Snags het die koning, wat in die uniform van opperbevelhebber van Spanje se gewapende magte geklee was, in 'n regstreekse televisiestoespraak sy steun vir die demokratiese bedeling bevestig. Eers nadat die staatsgrepers hul wapens neergelê het, is die jong prins deur sy pa bed toe gestuur. Ná 'n kort nag het Felipe op die volgende dag soos gewoon skoolgegaan. In 'n latere onderhoud het Juan Carlos I sy opvoedkundige maatreël verduidelik. Volgens hom was dit vir Felipe belangrik om met eie oë te aanskou hoe sy vader as koning 'n moeilike situasie moes handhaaf.[2] Opleiding[wysig | wysig bron] Prins Felipe het sy skoolloopbaan in die Colegio Santa María de los Rosales in Madrid begin en dit in 1985 by die Kanadese Lakefield College School in Toronto, Ontario voltooi. Tussen 1985 en 1988 het hy diensplig by verskillende afdelings van die Spaanse leër, vloot en lugmag gedoen. Sy akademiese opleiding het Felipe aan die Universiteit Complutense Madrid, waar hy tussen 1988 en 1993 in die regte gestudeer en ook kursusse in ekonomie gevolg het, en aan die Georgetown University, 'n Amerikaanse elite-universiteit wat deur die Jesuïete-orde bestuur word, ontvang. Aan die laasgenoemde instelling het in 1995 'n meestersgraad in Internasionale Betrekkinge behaal. As student in Georgetown het Felipe 'n koshuiskamer met sy neef, Pavlos van Griekeland, gedeel. Hy is die eerste Spaanse koning met 'n akademiese agtergrond.[3] Huwelik[wysig | wysig bron] Op 22 Mei 2004 het prins Felipe in Madrid met Letizia Ortiz Rocasolano, die dogter van 'n Spaanse joernalis en 'n verpleegster, getrou. Letizia was vroeër reeds getroud. Uit die huwelik is twee dogters gebore, Leonor (* 31 Oktober 2005, tans as Leonor van Spanje die wettige troonopvolger) en Sofia (* 29 April 2007). Sofia, die tweede wettige troonopvolger, is na haar grootmoeder, koningin Sofia, vernoem. Twee ander vriendinne van prins Felipe uit die tyd voor sy huwelik het hulle as huwelikskandidate gediskwalifiseer, waaronder die Noorse onderklere-model Eva Sannum. Verwysings[wysig | wysig bron] - www.casareal.es: Amptelike webtuiste van die Spaanse koningshuis - Biografie van Felipe VI - www.sueddeutsche.de, 3 Junie 2014: Felipe von Spanien - Berufsanfänger mit 46. Besoek op 19 Junie 2014 - Frankfurter Rundschau Online, 2 Junie 2014: Juan Carlos dankt ab, Felipe übernimmt. Besoek op 19 Junie 2014
<urn:uuid:92a264eb-684f-4cb8-93bc-3f0317a28f6f>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Felipe_VI
2019-07-23T05:30:08Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00109.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999868
false
Viool Die viool is 'n snaarinstrument met vier snare. Die klank word voortgebring deur die snare met 'n strykstok in trilling te bring of deur dit met die vingers te tokkel (Italiaans: pizzicato). Die houtklankkas dien om die geluid van die trillende snare te versterk. Die viool word deurgaans bespeel deur die instrument tussen ken en skouer te klem en met die vingers van die linkerhand die snare teen die ebbehouttoets vas te druk om sodoende die snaar te verkort om die gewenste toonhoogte weer te gee. Die speler van 'n viool is 'n violis(te).
<urn:uuid:6f59c303-54d9-48ba-80d4-56d6258d37d7>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Viool
2019-07-16T22:54:01Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00453.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999979
false
1311 jaar 1311 | ◄ | 13de eeu | ◄14de eeu► | 15de eeu | ► | Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal | Sien ook: Kategorie:1311 | Kalenders | | Die jaar 1311 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 11de jaar van die 14de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
<urn:uuid:2757450e-5bf8-4736-a2d0-be410b1e06d5>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/1311
2019-07-18T05:18:02Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525500.21/warc/CC-MAIN-20190718042531-20190718064531-00053.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999964
false
547 jaar 547 | ◄ | 5de eeu | ◄6de eeu► | 7de eeu | ► | Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal | Sien ook: Kategorie:547 | Kalenders | | Die jaar 547 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 47ste jaar van die 6de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
<urn:uuid:eca90ab5-3247-4054-ba81-f00914918fd6>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/547
2019-07-23T05:15:19Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00133.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999993
false
Ennerdale Ennerdale is 'n voormalige sogenaamde Bruin woonbuurt, suidwes van Johannesburg (in Gauteng) en tussen Lenasia en Grasmere geleë, maar volgens die jongste sensus is amper twee derdes van die inwoners Swart. Ennerdale | | Ennerdale se ligging in Gauteng Koördinate: Koördinate: | | Land | Suid-Afrika | ---|---| Provinsie | Gauteng | Munisipaliteit | Stad Johannesburg | Oppervlak[1] | | - Dorp | 21,33 km² (8,2 vk m) | Bevolking (2011)[1] | | - Dorp | 71 815 | - Digtheid | 3 367/km² (8 720,5/myl2) | Rasverdeling (2011)[1] | | • Blank | 0.1% | • Indiër/Asiër | 0.6% | • Kleurling | 32.9% | • Swart | 65.7% | • Ander | 0.7% | Taal (2011)[1] | | • Afrikaans | 19.6% | • Engels | 18.4% | • Zoeloe | 17.6% | • Suid-Sotho | 16.1% | • Ander | 28.3% | Poskode (strate) | 1830 | Poskode (posbusse) | 1826 |
<urn:uuid:e44ca998-53f6-4065-906c-ae6098561dba>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Ennerdale
2019-07-23T05:55:09Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00133.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.727053
false
Grootfontein Grootfontein | ||| Slagspreuk: Fons Vitæ | ||| Koördinate: Koördinate: | ||| Land | Namibië | || ---|---|---|---| Streek | Otjozondjupa | || Stigting | 1885-1886 | || Regering | ||| - Burgemeester | Emma Taukuheke[1] | || Hoogte | 1 460 m (4 790 vt) | || Bevolking (2011) | ||| - Stad | 23 793 | || Skakelkode(s) | 067 | || Webwerf: Munisipaliteit van Grootfontein | - Hierdie artikel handel oor die dorp in Namibië. Vir ander gelyknamige stede en dorpe, sien Grootfontein (dubbelsinnig). Inhoud Geografie en klimaatWysig Die dorp Grootfontein lê 1 460 meter bo seevlak in die Otavi-streek. Tesame met Otavi en Tsumeb, is dit die bes benutte deel tussen die Otaviberge. Die gemiddelde jaarlikse reënval beloop minstens 550 millimeter, wat heelwat hoër is as die gemiddeld vir Namibië en dus uitgebreide gewaslandbou moontlik maak. Onderwys en godsdiensWysig Die dorp het in 2010 'n Afrikaanse privaat skool gekry met die stigting van die Grootfontein Agri College wat benewens landbouvakke ook gewone onderrig van gr. 1 tot gr. 12 bied.[2] Die Deutscher Schulverein Grootfontein bedryf sedert 1996 'n privaat Duitse laerskool met sowat 17 leerlinge.[3] Die Nederduitse Gereformeerde Kerk se NG gemeente Grootfontein is in 1945 hier gestig. Die Evangelies-Lutherse Kerk in Namibië (DELK) se plaaslike gemeente is reeds in 1910 tydens die Duitse koloniale bewind gestig. Bekende boorlingeWysig - Behati Prinsloo, 'n internasionale model. Sien ookWysig VerwysingsWysig - "Four towns re-elect mayors". "The Namibian". NAMPA. 9 Desember 2013. ( ) - ( ) Republikein berig oor die skool se prestasies - ( ) Inligting op die webtuiste van die Deutscher Schulverein Grootfontein
<urn:uuid:a5d3db18-5338-42a6-96f9-6cbc18e2a9fa>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Grootfontein
2019-07-23T05:53:56Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00133.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999699
false
Hartlaubse meeu Die Hartlaubse meeu (Chroicocephalus hartlaubii) is 'n seevoël wat voorkom aan die suidkus naby Kaapstad, die suidweskus en weskus van Suid-Afrika. Dit is voorheen soms as 'n subspesie van Chroicocephalus novaehollandiae beskou en, soos die geval is met baie meeue, was dit tradisioneel in die genus Larus geklassifiseer. Deesdae vorm dit egter deel van die genus Chroicocephalus. Hartlaubse meeu | |||||||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Bewaringstatus | |||||||||||||||| Wetenskaplike klassifikasie | |||||||||||||||| Binomiale naam | |||||||||||||||| Chroicocephalus hartlaubii Bruch, 1853 | |||||||||||||||| Sinonieme | |||||||||||||||| Larus hartlaubii | Inhoud VoorkomsWysig Die voël het 'n wit kop behalwe in die broeiseisoen wanneer dit gryserig word. Die oë is donker. Habitat en gewoontesWysig Sien ookWysig BronWysig - Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0
<urn:uuid:a7ac0ec5-f7c8-4ae5-8be6-388809fb863a>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Hartlaubse_meeu
2019-07-23T04:42:58Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00133.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.993258
false
On-line version ISSN 2224-7912 Print version ISSN 0041-4751 Tydskr. geesteswet. vol.53 n.3 Pretoria 2013 RESEARCH AND REVIEW ARTICLES The Great Trek 175: Story or history? Hans du Plessis Navorsingseenheid vir Taal en Literatuur in die Suid-Afrikaanse konteks, Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus E-pos: firstname.lastname@example.org OPSOMMING In watter mate is die skrywer van 'n historiese roman afhanklik van die feite wat die geskiedskrywing bied? Hoe swaar weeg die historieseromanskrywer se interpretasie van veral die onvolledig gedokumenteerde geskiedenis, soos byvoorbeeld dié van die Groot Trek tussen 1836 en 1844 in die Potchefstroom-omgewing? Dit is die doel van hierdie artikel om die narratief van Hans du Plessis se twee historiese romans, Die pad na Skuilhoek en As die wind kom draai, te stel. Die verhouding tussen die romansier en die geskiedskrywer word onder die loep geneem. Teen die agtergrond van die mite as merker van 'n groep se identiteit word die Voortrekkers as gemeenskap duideliker gedefinieer. Die grensgebied waarvandaan die Groot Trek begin, is groter as die Oosgrens en die gemeenskap wat trek, is veel breër as die byna twintigduisend wit koloniste. Die grensgebied word as Voorpos bespreek en die gemeenskap as 'n heterogene en geïntegreerde kontinuum. Die binneland waarheen hulle trek, word teen die teoretiese agtergrond van Michel Foucault se siening van die utopie as droomruimte en die ander plek as heterotopie bespreek. Trefwoorde: fiksionaliseer, Frontier, geskiedenis, Groot Trek, heterotopie, historiese roman, historieseromanskrywer, identiteit, kontinuum, Michel Foucault, mite, narratief, pioniersgemeenskap, skryfkuns, storie ABSTRACT This article investigates the relationship between the writer of a historical novel and the historiography. To what extent does the novelist depend on the historical facts researched by the historian? Undoubtedly the novelist needs the historian's research but it is also accepted that history is researched by people, and that pure objectivity is a myth and writing history always includes the researcher's own interpretation of historical facts. Story (fiction) must therefore be distinguished from history on the one hand and myth on the other. Although the fiction writer needs the historian's research, the historical novelist would prefer to interpret an ill documented part of history himself, because it is easier to fictionalise. The history of the Great Trek between 1836 and 1844, especially in the Potchefstroom area, is a good example. This article aims to establish a narrative for the two historical novels by Hans du Plessis, Die pad na Skuilhoek and As die wind kom draai. Myths are markers of the identity of a group. I am the story I am telling about myself, a community is the narrative it believes of itself. The novel is the story it narrates. Against this background, as well as that of myth as identity marker, certain myths of the Great Trek are redefined. According to traditional historiography, the Voortrekkers who left the Cape Colony in 1836 were mainly white Dutch speaking colonists, but a closer look at the community on the Cape Frontier suggests that this community was a heterogenic and rather integrated community of Khoi, Oorlams, Basters, Trekboers and cattle farmers, and they almost all used Afrikaans as mother tongue and as lingua franca. The social and class boundaries between the different groups on the Frontier were not well defined. The lack of defined dividing lines leads to over simplified dichotomies such as black or white, civilised and uncivilised, owners and nonowners, in order to describe the compilation of the community. Binary opposition usually results in over simplification and stereotyping. Class markers did exist, but it did not run along clear lines. It can rather be described as a continuum with African on the one end and European on the other, comparable to that of the so called Metis Nation of the seventeenth century community of fur hunters in Canada. The Voortrekker community was therefore not a mere homogeneous group of white Dutch colonists. This article furthermore argues that the Frontier was more than the so called Eastern Border or Oosgrens. Frontier means more than a geographical space; it is also a condition of constant transformation. The Cape Frontier of the seventeenth and eighteenth century is discussed against the theoretical background of the American historian, Frederick Jackson Turner's theory of the American Frontier as not only a physical space, but also as creator of new myths, and destroyer of existing ones. With reference to Michel Foucault the Frontier is discussed as a utopia and the interior as heterotopia, a free site without a marginalising authority. Therefore a crucial reason for the mass movement of the Afrikaans speaking Frontier community was the dream of a new site. Key words: continuum, creative writing, fictionalise, Frontier, Great Trek, heterotopias, history, historical novel, historical writer, identity, Michel Foucault, myth, narrative, pioneer community, story 1. INLEIDING 'n Mens is die storie wat jy van jouself glo; 'n volk is die historie wat hy van homself vertel. Die vraag is nie hoe waar die storie is nie, maar hoe sterk jy daaraan glo. Dit is narratiewe soos dié wat ons bestaan definieer; dit is metafoor van ons identiteit. Daarom, lyk dit vir my, is mites die grondslag van identiteit, en hoe vaer die feite, hoe geloofwaardiger raak die mite. Dit is die wese van die historiese roman. Dalk is dit ook waar van die historiografie? Die Groot Trek, en spesifiek die geskiedenis van Sarel Cilliers, is 'n goeie voorbeeld van wat ek bedoel. Kyk net hoe sterk so 'n metafoor kan wees: kultuurorganisasies en voorste historici vier die honderd vyf en sewentigste herdenking van die Groot Trek in die honderd sewe en sewentigste jaar - twee jaar laat, as jy vergeet om Tregardt en Van Rensburg te tel! Die mite van Sarel Cilliers het die metafoor geword waardeur die Afrikaner 'n belangrike deel van sy identiteit gevind het. Die mite het van die Gelofte die Groot Trek gemaak. Die slag van Bloedrivier het die storie geword wat ons van onsself glo. Die feite is minder belangrik as die storie. Die feit dat die slag van Vegkop myns insiens 'n meer kritieke veldslag was as Bloedrivier, is nie so belangrik as die metafoor van Bloedrivier nie. Dat 'n nederlaag by Vegkop die verloop van die Groot Trek, en dus die verloop van ons geskiedenis, waarskynlik harder sou tref as 'n nederlaag by Bloedrivier, is ondergeskik aan die mite rondom die Gelofte. Let daarop dat ek nie die Gelofte as sodanig as mite beskou nie, maar bloot skepties staan teenoor die rol van Sarel Cilliers. Alles wat ons van Cilliers weet, het hy ons self vertel, en dit onder andere in 'n joernaal wat hy ruim dertig jaar ná die gebeure op sy sterfbed oorvertel. Dit is nie ek wat so sê nie, dit is historici, soos sy biograaf, P.S. de Jong (1987). Wat Cilliers ons nie van homself vertel het nie, dink dr. G.B.A. Gerdener (1925) uit en bewoord selfs die Gelofte, want Gerdener is daarop uit om 'n narratief te skep. Ek is nie 'n historikus nie, en skryf hierdie artikel as 'n historieseromanskrywer op soek na die feite wat historici nagevors het. Die romanskrywer soek die storie agter die historie. Sonja Loots se Sirkusboere het my pas weer daarvan oortuig datjy die feite deeglik moet ken om dit geloofwaardig te kan verdraai. Historieseromanskrywers het historici bitter nodig, sodat ons die werklikheid van die verlede oortuigend kan fiksionaliseer. 'n Mens kan net suksesvol lieg oor 'n waarheid wat jy regtig ken. Die doel van hierdie artikel is eenvoudig die stel van 'n narratief oor die Groot Trek, soos wat dit in my romans oor hierdie geskiedenis neerslag vind. Omdat ek vir die geskiedenis as wetenskap soveel respek het, sal ek probeer om die storie wat in die romans vertel word binne 'n teoretiese raamwerk te plaas. Ek gee dus nie voor dat ek 'n akademiese artikel produseer nie, want ek is 'n amateurhistorikus en as historieseromanskrywer teer ek juis op geskiedenis wat dokumentêr nie so goed beskryf is nie. Paradoksaal genoeg is my historiografie verkieslik dié van die ongedokumenteerde. Miskien is dit ook goed om hier in gedagte te hou wat Nigel Penn (1995:X) opmerk: "It is the nature of historical records to present a partial (meaning both biased and incomplete) view of the past ..." Hy haal op dieselfde bladsy die historikus, Greg Denning, aan: "... there is no escape from the politics of our knowledge, but that knowledge is not in the past". Penn (1995:VIII) volg in sy Voorwoord al die Franse filosoof, Paul Ricoeur se beskouing dat die lewe 'n aktiwiteit en 'n passie is op soek na 'n narratief, en dat geskiedkundige gebeure 'n narratiewe struktuur het. Daar moet egter onderskei word tussen 'n historiese narratief (soos dié van Penn op grond van Ricoeur) en 'n historiese roman. Die historieseromanskrywer moet die geskiedenis navors, anders is dit nie 'n historiese roman nie, maar die geskiedenis werk met dit wat inderdaad geskied het, terwyl die storie per definisie fiksie is. Miskien is dit die hoofrede hoekom albei my romans oor die Groot Trek 'n onseker verlede as agtergrond het: historiese fiksie teer op onvolledige geskiedskrywing. My eerste roman, Die pad na Skuilhoek (2011, Lapa) begin by die Liebenbergmoorde en die Vaalrivierslag van 1836, terwyl die tweede roman, As die wind kom draai (2013, Tafelberg), oor die sogenaamde onafhanklike republiek in die Potchefstroom-omgewing van 1844 gaan. Navorsing oor die eerste gedeelte van die Groot Trek, 1836-1844, en veral oor die Potgietertrek, dui spoedig daarop dat die trek van Andries Hendrik Potgieter nie goed gedokumenteer is nie. Dit is byna bloot op hoorsê dat 'n mens moet rekonstrueer wat regtig gebeur het. Terwyl die Maritz- en Retieftrek, en ook later die gebeure in Natal, uit dagboeke, soos dié van Erasmus Smit of J.G. Bantjes se verslag nagevors kan word, is die gebeure rondom die Potgietertrek en Potchefstroom vaag en die navorser is van byna net sekondêre bronne afhanklik. Een van die heel betroubaarste destydse dokumente is die Dagboek van Louis Tregardt, maar dit handel oor Tregardt se eie trek en dit dek skaars twee jaar. Selfs in hierdie geval moet 'n mens versigtig lees, want Gustav Preller se weergawe van die dagboek verskil van dié van T.H. le Roux. Preller het byvoorbeeld kragwoorde weggelaat of in Latyn vertaal. Op 'n paar plekke raak Tregardt (byvoorbeeld Le Roux 1977:31,71) nogal erg omgekrap, veral met mense, en dan huiwer hy nie om dit in kru woorde uit te druk nie. Sondae is, as jy die dagboek noukeurig lees, vir Tregardt-hulle omtrent deurgaans maar gewone dae waarop daar gejag, gebou of uitgery word na die vee. Hoekom tref dit 'n mens dan tussen die oë as jy skielik daarvan lees? Seker omdat jy "mos weet" die Voortrekkers was vrome mense. Dit is belangrik om ook te onthou dat Preller se Voortrekkermense "ooggetuieverslae" is wat ten minste dertig, veertig jaar later eers opgeteken is. Hoeveel onthou 'n mens, veral 'n ou mens, nog ná veertig jaar van die besonderhede? (Vergelyk Du Plessis 2011.) Dit is nie die doel van die twee romans onder bespreking om die prestasies van die mense van die trek te probeer verkleineer nie, want enige volk het mites en helde nodig. Selfs Abraham Lincoln was seker ook maar net 'n mens. En koning Dawid? Daar is niks fout met mitologisering as sodanig nie, dit is immers een van die hoekstene van identiteit. Geskiedskrywing as wetenskap moet egter by die verheerliking verby kan lees en die gebeure sover moontlik feitelik kan beskryf. Vir Die pad na Skuilhoek (2011) moes ek uit die aard van die saak indringende navorsing doen oor die vroeë geskiedenis van die Groot Trek, spesifiek die verloop van die grootste trek, naamlik dié onder leiding van Andries Hendrik Potgieter. Dit was as vroeë trek en as groot trekgeselskap seker een van die heel belangrikste groepe wat die Kaapkolonie óf aan die einde van 1835 óf vroeg in 1836 verlaat het. Net hier loop ek my vas teen die onvastheid van die geskiedskrywing oor hierdie stuk van die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Nêrens staan selfs die vertrekdatum outentiek opgeteken nie! Dit is die probleem: hoe skryf jy 'n geskiedenis sonder primêre bronne tot jou beskikking? Hoe skep 'n mens fiksie rondom 'n wêreld waarvan die werklikheid nêrens opgeteken staan nie? Kan die geskiedenis as teks en die roman as teks dan ooit resoneer, of bly elkeen maar net 'n teks binne die onderskeie omgewings? Nee, ek weet van Preller se Voortrekkermense, van die vrome ou kerkvader G.B.A. Gerdener se biografie van Sarel Cilliers; ek het P.J. van der Merwe gelees, ek ken die werk van C.F.J. Muller en ek het F.A. van Jaarsveld van laerskool af al moes leer. Ek het groot plesier aan Herman Giliomee se werk en die Geskiedenis van Suid-Afrika van voortye tot vandag, maar steeds weet ek niks, want ons sê soms ook maar op hoorsê, al het die wetenskap geleer dat hoorsê nie juis empiries is nie. Primêre bronne oor die trek van Potgieter is skaars, die geskiedskrywer en die fiksieskrywer moet hom of haar verlaat op iets soos die onsamehangende verslag van Johannes Bronkhorst, op Preller of op die joernaal van Sarel Cilliers. Hoe anders toets jy die waarheid van hierdie ge-skiedenis? Dieselfde kan gesê word oor die agtergrond van my tweede Groot Trek-roman, As die wind kom draai, wat in die Potchefstroom-distrik van 1844 afspeel. Dokumentêr is daar weinig bewyse, veral min oor die verhouding tussen mense. Hoe het hulle mekaar gesien? Soos ons mekaar vandag sien? Ongelykstelling, byvoorbeeld, is volgens die geskiedskrywer, W.A. Stals (1977) reeds in 1837 statutêr vasgestel. Dit staan egter nie duidelik in die eerste grondwet van 1837 nie, maar die eerste artikel stel dit wel dat "een ieder, geenen uitgezondert, sal moeten afwyken van allen den sendelings genootschap van Engeland". Dit is duidelik hoe oop hierdie artikel vir interpretasie is. So ook Artikel Ses van die Drie en dertig Artikels van April 1844, veral die volgende frase: "Geen bastaarden zullen in onze vergaderingen als lid of regter mogen zitten." Wat is 'n baster? Of eerder: Wat word in 1844 met die woord bedoel? Moeilik om te sê, eintlik onmoontlik. G.N. van den Bergh (1969) wys in sy artikel oor die grondwetlike status van die Drie en dertig Artikels daarop dat die onsekerheid daaroor ten dele verklaar kan word "... uit gebrek aan ander gegewens oor die beraadslaging van die vergadering van 9 April te Potchefstroom waartydens die Artikels goedgekeur is". Dieselfde onsekerheid omhul die instruksies aan kommandante en veldkornette, want: "Geen notule van hierdie of enige ander vergadering van 'n wetgewende liggaam in Potchefstroom gedurende die veertiger jare het bewaar gebly nie" (1969:6). Is dit dan vreemd dat die romansier eerder hierdie onsekere geskiedenis sal fiksionaliseer? In elk geval: is daar regtig 'n duidelike onderskeid tussen storie en historie? Wat is 'n storie dan? In die skryfkuns- en in die literêre teorie word daar aanvaar dat die narratief vier vertelkategorieë moet bevat, naamlik karakter, tyd, plek en gebeure. Die twee historiese romans waarom dit hier gaan, is Groot Trek-romans, wat beteken dat tyd, plek en persone deur die geskiedenis bepaal word. Hierdie drie vertelkategorieë vorm die wese van die twee verhale. Die tyd van die Groot Trek is betreklik vas, die plek veronderstel die binneland noord van die Oranjerivier, en die mense is die Voortrekkers. Die probleem is egter dat die geskiedenis die deelnemers aan die trek, hoekom en hoe hulle trek nie altyd dieselfde historiografeer om daarvan romans te kan maak nie. Om die probleem wetenskaplik aan te pak, is dit nodig om die terme wat ter sprake kom, te probeer presiseer, maar net eers iets meer oor die twee romans. 2. DIE TWEE HISTORIESE ROMANS Die eerste roman, Die pad na Skuilhoek, begin op Maandag, 22 Augustus 1836, die middag voor die aanval op die Liebenbergtrek. Die tweede roman, As die wind kom draai, speel af in die jaar 1844. Die romans dek dus die eerste agt jaar van die Groot Trek. Die ruimte waarin albei die verhale geplaas word, lê hoofsaaklik binne die driehoek tussen die huidige Parys, Potchefstroom en Vredefort. Die sentrale ruimte van albei is min of meer die berglandskap wat ons vandag as die Wêrelderfenisgebied van die Vredefortkoepel ken. Die hoofkarakters bly oorwegend dieselfde in die twee stories. Die eerste roman huiwer op die grens van jeugverhaal en volwasse roman. Die tweede is hoegenaamd nie 'n jeugverhaal nie. Albei die romans is op die oog af liefdesverhale, maar dit kan nie as sogenaamde romantiese fiksie beskou word nie. Die meeste karakters is fiktiewe karakters, maar nie die soort Voortrekkers waarvan die mites gemaak is nie. Hulle noem hulleself nog nie Voortrekkers of Afrikaners nie. Hulle is Hollandse immigrante, reisigers, trekkers of soms selfs die voorste mense. Hulle is sommer gewone mense, wat nie almal ongeletterd en onvoorwaardelik vroom is nie. Hulle rand ook nie almal elke tweede diensbode aan wat verbyloop nie. Die geskiedenis van die eerste jare van die Potchefstroommaatskappy is swak gedokumenteer en ek kon daarom dié geskiedenis op my manier interpreteer. Hierdie artikel is daarom nie 'n geskiedenisartikel met nuwe historiese feite nie. Dit is bloot my interpretasie van die feite wat ek uit die geskiedskrywing van goeie historici kon rekonstrueer. 3. DIE TEORETIESE KONTEKS Ethnologies kan ons historie terugvoer na die Middelnederlandse historie, wat via Latyn uit Grieks kom, met die oerbetekenis van "wyse man". In die Middeleeue is daar nie altyd onderskei tussen gebeure gegrond op geskiedkundige feite en 'n romantiese verhaal nie. Vir albei is die term historie gebruik, omdat dit om 'n geskrewe verhaal gegaan het. Geskiedenis is eintlik dan 'n beter term omdat dit dui op dit wat geskied of gebeur het. Die onderskeid tussen historie en geskiedenis het in moderne Nederlands en in Afrikaans egter vervaag en die terme word in die meeste gevalle afwisselend gebruik. Hierteenoor verklaar die HAT roman as "verdigte prosaverhaal". In Nederlands word gepraat van "een puur verzinsel" en in Engels is novel 'n "fictitious narrative". 'n Derde term wat vir hierdie gesprek van belang is, is mite. 'n Mite is volgens die WAT 'n "gemeenskaplike, samebindende ideaal of lewensbeskouing", maar Van Zyl Slabbert (2006:153) gaan verder en beskryf mite ... as iemand 'n situasie as 'werklik' definieer word dit werklik omdat werklike gevolge uit so 'n siening voortvloei. As so 'n situasie nie gestaaf of weerlê kan word nie, en mense volhard nog steeds daarin om dit 'werklik' te noem, het ons met die onderskeidende kenmerk van 'n mite te doen. Wat is dan nou die verband tussen historie, roman, mite en hierdie artikel? Toe Alex Haley gevra is na die akkuraatheid van sy historiese feite in Roots, het hy gesê: "Ek het my mense 'n mite gegee waarvolgens hulle kan lewe." Ek dink 'n mens moet daarom dalk versigtiger onderskei tussen mite en ideologie, duideliker as wat Slabbert dit doen, in elk geval. Hy (2006:20) meen dat "as die verlede versin word, of ideologies gekoöpteer word, word dit moeiliker om 'n herhaling van die foute te voorkom en die probleme van die hede aan te pak". In die historiese roman word die feite gefiksionaliseer sonder om noodwendig daarvan ideologie te probeer maak. Dit is nie sonder meer die opeis van die geskiedenis agter die roman as dié geskiedenis nie. Die romanskrywer moet die geskiedenis interpreteer, en dit as die verhaal van die roman aanbied, sonder om dit as die allerwaarheid op te eis. Trouens, wat is geskiedskrywing sonder interpretasie, en bestaan daar iets soos objektiewe interpretasie? Is my interpretasie van die geskiedenis van die Groot Trek nie per definisie subjektief nie? Die voordeel is dat ek my subjektiwiteit kreatiwiteit mag noem. Geskiedskrywing het immers altyd iets van die subjektiewe in hom. Lize Kriel (2004) bespreek, om 'n voorbeeld te noem, in haar doktorstesis twee dagboeke oor die Malabog-oorlog van 1894 tussen die Boere en die Hananwa. Dit gaan vir Kriel egter nie in die eerste plek om die geskiedenis van die oorlog self nie, maar oor die verskil in die weergawes van hierdie geskiedenis deur twee verskillende skrywers, naamlik die Duitse sendeling Christoph Sonntag en die Anglikaanse kapelaan, Colin Rae. Kriel is meer geïnteresseerd in die verskillende weergawes van die geskiedenis as in die geskiedenis self. Dit gaan om die konstruksie van die geskiedenis, die manier waarop geskiedenis vertel word. Dit gaan nie soseer oor die verlede nie, maar oor hoe ons oor die verlede skryf. Verder oor hoe dit ontvang is op verskillende tye en plekke. 'n Belangrike punt wat Kriel in Hoofstuk 6 maak, is dat 'n mens ook moet in ag neem wie vertel en aan wie word vertel. Dit is belangrik, sê sy (2004:151): "(T)o imagine and construct what has not been recorded." Dagboekskrywers kan enige iemand in of uit hulle verslag skryf, hulle kan hulle eie werklikheid bou. Vergelyk, byvoorbeeld Tregardt se dagboek, Erasmus Smit s'n en Cilliers se joernaal, ook Le Roux en Preller se weergawes van Tregardt se dagboek. Die Voortrekkers trek self die binneland in met vaste mites, beweer Nigel Penn (1995:XVIII), byvoorbeeld Bybelse mites, en hoe verder van die heilige land, hoe meer heidens word dit. Hoe verder van die beskawing af, hoe meer barbaars word dit. Hulle word die uitverkore volk, en Nederlanders word die rykstes, en so meer. Hoe verder hulle trek, hoe meer nuwe mites. Dit is die soort mites wat die Kaapse koloniste as vryburgers met hulle saamneem na die grensgebiede van die Kolonie. Wat gebeur egter met die mites op die grens? Sodra die mite na 'n nuwe plek (kolonie) ingevoer word, word die mite getransformeer. Penn verwys na die Franse filosoof Michel Foucault, wat van die kolonies as heterotopieë praat. (Vergelyk die bespreking hiervan in Afdeling 4 hieronder.) Die binneland, die oosgrens en die gebied noord van die Oranjerivier, lyk voorlopig vir my na voorbeelde van heterotopieë. Die vrae wat die twee historiese romans onder bespreking vra, is in die eerste plek: Wie trek? Tweedens: Hoekom trek hulle? Die antwoord hierop is die narratief van die twee romans. 4. DIE KARAKTERS In Karl Kielblock se historiese roman, Guillam Woudberg, staan Guillam en sy aanstaande by 'n sonwyser in sy tuin. Op die sonwyser is 'n Latynse sinnetjie wat hy vir haar vertaal: "Ek tel net mooiweer-ure." Ons is almal so, ons tel wat ons wil tel, veral as dit om mense gaan. Die geskiedenis van die Groot Trek tel tradisioneel net die mense in hulle eie son. Lees maar Tregardt se dagboek versigtig. Hy onderskei drie groepe: die mense, die volk en die nasies. Hierdie driedeling strook met ons taalnavorsing in Namibië in die middeltagtigerjare van die vorige eeu oor die chronolek van die Swart van der Merwes, afstammelinge van die sogenaamde Makvolk uit die Dorslandtrek. Ouma Rachel van der Merwe onderskei ook tussen die mense, die volk en die nasies. Die volk synde die diensbodes, die nasies is die inheems swart stamme. Dié wat oorbly, is dan die mense. Ons geskiedenis tel meestal net die mense. Lees maar die verslae oor die Liebenbergmoorde en die Vaalrivierslag van 23 Augustus 1836. By Liebenbergskoppie is ongeveer 14 mense vermoor en by die Vaalrivier sneuwel een of twee. Ondersoek ter plaatse dui egter daarop dat al die slagoffers waarskynlik op Kopjeskraal, waar die Vaalrivierslag sowat tien kilometer suid van Liebenbergskoppie, plaasgevind het, begrawe lê. Maar daar is 33 grafte, twee maal die aantal "mense" wat dood is! In haar verslag in Voortrekkermense II (Preller 1920:45-47) vertel Anna Steenkamp van die verwoestende brand in die laer aan die Tugela: baie mense dood, en dan nog enkele diensbodes. Tussen 1835 en 1845 verlaat 'n groot deel van die grensgebiedbewoners die Kaapkolonie. Jan Visagie (2012:131) bereken dat die 17 000 wit mense wat trek ongeveer een vyfde van die wit bevolking van die destydse Kaapkolonie verteenwoordig. "Daar kan aanvaar word dat elke wit gesin deur minstens twee of meer werknemers vergesel is." Die som wil nog nie heeltemal reg uitwerk nie, want my gesprekke met afstammelinge van die diensbodes in die Vredefortkoepel dui daarop dat daar onder die "volk" ook families saam getrek het. Wie was die Voortrekkers dan? Johan de Villiers (2012:75) stel dit duidelik dat daar "'n streng klasseverdeling" aan die begin van die negentiende eeu aan die Kaap bestaan het. Hy onderskei outokratiese regeerders, grondbesitters, ondersteunende sakelui, vrye arbeiders, arm bywoners, gekontrakteerde werkers en slawe. "Dié soort samelewingsorde was in daardie tyd tipies van die heersende sosiale bestel in vele lande, veral in Wes-Europa." Hy wys ook daarop dat ras toenemend 'n klassifiserende faktor geword het. "Ras en klas het dus in 'n groot mate mense en groepe se status bepaal." Dit lyk vir my egter belangrik om teen die tweede helfte van 1700 en die eerste derde van 1800 duideliker te begin onderskei tussen die Eurobewuste Kaapse samelewing en die veel meer Afrobewuste grensgebiede, die Voorpos sal ek dit voorlopig noem omdat die Afrika-omgewing in die Voorposgebiede mense en groepe anders laat funksioneer het. Miskien is een van die miskyke van ons geskiedskrywing juis die gebrek aan onderskeid tussen die gemeenskappe in die Kaap self en die gemeenskap in die grensgebiede. Ek skram opsetlik weg van die Oosgrens as term, want die binnelandse grensgebied waaruit die Voortrekkers trek, was veel groter as die Oosgrens, soos wat die grensgemeenskap veel breër was as die Europese grensboere. Om hiervan te probeer wegkom, gebruik ek eerder Voorpos as vertaling van die Amerikaanse Frontier. Voorpos veronderstel bloot die totale grensgebied anderkant die Hottentots-Hollandberge. In 1893 lewer die Amerikaanse historikus, Frederick Jackson Turner, volgens Penn (1995:3) 'n lesing voor die American Historical Association in Chicago: "The significance of the frontier in American History". Turner se basiese stelling was dat die Frontier vir Amerikaners en hulle geskiedenis 'n onderskeidende kenmerk gegee het. Die Frontier was nie net 'n plek nie, maar 'n toestand of 'n proses waar die ongevestigdes die gevestigdes geword het deur fisieke beweging van trekkers die land in. Die Frontier was die ontmoetingsplek van die barbaar en die beskawing, dit was 'n streek in konstante transformasie. Amerikaanse instellings en die Amerikaanse persoonlikheid spruit uit hierdie evolusie op die Frontier. Sou dit ook van toepassing kon wees op die grensgebied van die Kaapkolonie in die agtiende eeu? Nigel Penn (1995:14) waarsku dat historici die Amerikaanse en Suid-Afrikaanse grensgebiede gelykstel, want hulle ignoreer die groot verskil: In Amerika is die Indiane so te sê uitgewis. Dit is natuurlik so dat die hele Voorpos nie oral ewe dig bewoon was nie. Die westelike dele daarvan was, veral ná die pokke-epidemie van 1713, yler bewoon as die oostelike en sentrale gebied. Dit is selfs moontlik dat dit nie oral as bewoonde gebied beskou kan word nie, veral as 'n mens in gedagte hou dat dele van die westelike Voorpos volgens Turner se formule (Penn 1995:3) van minder as "twee Europeërs per vierkante myl" as onbewoonde gebied beskou moet word. My term Voorpos impliseer nie dat die Suid-Afrikaanse Voorpos dieselfde is as die Amerikaanse Frontier nie. Die term is bloot 'n gerieflikheidsterm omdat ek deurgaans in hierdie artikel gemerkte terme wil vermy ten einde my hipotese te kan formuleer. Penn argumenteer verder dat sowel die liberale as die konserwatiewe historici net die wit kant van die Voorpos raaksien. Die uitsondering is P.J. van der Merwe, maar hy is volgens Penn só presies en in detail vasgevang dat niemand hom lees nie, maar Van der Merwe (1937) gee hoofsaaklik aandag aan die konflik tussen San en Trekboer. Min navorsers skenk in besonderhede aandag aan die Khoi, Oorlams en die Basters. Daar is egter nog meer groepe wat deel vorm van die Kaapse Voorpos. Dit sluit die Khoi-San, slawe, Khoi, Oorlams, Basters, Trekboere en Europese veeboere in. Wat was die klasseverdeling binne dié Voorposgemeenskap? Duidelik nie identies aan óf die Kaapse gemeenskap soos wat De Villiers dit beskryf óf die Amerikaanse Frontier nie. Penn (1995:11) verwys na I.D. MacCrone se standpunt dat die koloniste se siening van niewittes beïnvloed is deur die digotomie van Christen teenoor heiden. "It was regarded as more fundamental than that between black and white." Penn wys verder daarop dat die digotomie van ras algaande sterker word, maar dat heidene wat Christene geword het as gelykes in die koloniale gemeenskap opgeneem kon word. Penn (1995:12) aanvaar ook dat 'n voorpos eweseer die skepper van nuwe identiteit is as wat dit die verwoester van ou identiteite is. Die Kaapse Voorpos lyk vir my na die verwoester van die mite van die digotomie. Die gebruik van die woord digotomie is myns insiens die basis van 'n fundamentele denkfout, die mite van die digotomie, sal ek dit voorlopig noem. Dit gaan hoofsaaklik om die betekenis van die woord digotomie as enige verdeling van 'n geheel in twee presiese dele. Die term kan ons midde in die Postmodernisme laat beland, want wat ek verder aan betoog, dekonstrueer juis die gebruik van skerp binêre klassifikasies ten opsigte van die Voorposmense, soos swart of wit, beskaafd of onbeskaafd. Sonder om my te veel aan die teorie te besondig, wil ek dit stel dat die klassifikasie van die gemeenskappe op die Voorpos nie 'n digotomie was waar een deel 'n kenmerk insluit en die ander dit uitsluit nie. Die grondprobleem van die digotomie is dat dit kwessies kan oorvereenvoudig, en die gevolg daarvan is meestal stereotipering. Om die individuele of groepskenmerke van die pioniers van die Voorpos te probeer beskryf met verwysing na plus of minus is 'n gruwelike oorvereenvoudiging, met sinlose stereotipes as enigste gevolg. Om byvoorbeeld 'n stelling te maak, soos Giliomee en Mbenga (2007:68) dat "feitlik niemand kon skryf nie", kan maklik lei tot 'n stelling dat die pioniersgemeenskap ongeletterd was. Dit veronderstel 'n digotomie van geletterd teenoor ongeletterd en dit lei tot 'n moontlike waninterpretasie van die uitspraak wat hulle op dieselfde bladsy maak, naamlik: "Die gemeenskap is deur die gesproke woord saamgesnoer." Teen die teoretiese agtergrond van die Mediologie (soos onder andere uiteengesit deur Johann Rousseau 2008) moet die kommunikasie van inligting in die Voorposgemeenskap gestereotipeer word as synde net in die logosfeer. Dit erken egter nie die kommunikasie in die grafosfeer, soos wat dit neerslag vind in die vele veldwagtersbriewe van die tyd, dagboeke, soos dié van Tregardt, verslae of amptelike stukke, soos die eerste grondwet of selfs die Drie en Dertig artikels nie. Oorvereenvoudiging en stereotipering is die dwaalleer van die digotomie. As die wind kom draai, my tweede historiese roman, handel juis oor die digotomie van ons en hulle tydens die Groot Trek, 'n digotomie waaraan ons vandag nog steeds nie kan ontkom nie. Nie alle Voorpos-bewoners is met geweld gedwing om as vry arbeiders deel te word van die pioniersgemeenskap nie. Die Amerikaanse Frontier was in hierdie opsig meer een van uitsluiting, terwyl ons Voorpos sowel in- as uitsluitend was. Leggasick redeneer volgens Penn dat rassisme op die Voorpos nie erger was as in die Kaap nie, en dat samewerking op die Voorpos meer was as in die Kaap. Dit was myns insiens egter eerder 'n kwessie van oorlewing as van een of ander morele oorweging. Penn gee 'n uitstekende relaas van die verskil tussen Khoisan, Khoi en San, wat daarop neerkom dat die koloniste die verskil tussen jagter-versamelaars en veeboere geken en verstaan het. Hy (1995:214) argumenteer dat die kommando's die verskil tussen klasse polities-militêr vestig teenoor die ekonomiese faktore wat andersins klas in 'n pastorale gemeenskap bepaal. Die aard en samestelling van die Voorposgemeenskap verskil in meer as een opsig radikaal van die Kaapse gemeenskap van dieselfde tyd. Klasseverdeling is belangrik, en ras speel 'n mindere rol, eenvoudig omdat die omgewingsuitdaging van mekaar verskil het. Grietjie Verhoef (2012:205) merk byvoorbeeld op dat wolskape reeds in 1795 deur die Nederlandse goewerneur ingevoer is, "maar dié boerdery is eers sedert die 1830's kommersieel beoefen". Veeboerdery is egter dwarsdeur die agtiende eeu op die Voorpos beoefen, 'n bestaansboerdery met vee. Die Voorposgemeenskap was almal op een of ander manier by dié veeboerdery betrokke, as veebesitters, -wagters of -rowers. Die Voorposgemeenskap waaruit die Groot Trek se mense kom, was 'n ander soort gemeenskap as die Kaapse gemeenskap (vergelyk ook Giliomee 2003: 58 e.v.). Die karakters in my historiese romans is Voorposmense, nie Kapenaars nie! Wie was hulle dan? Wie het in die 1830's die Kolonie verlaat omdat hulle dik was vir die Engelse, sommige uit eie oortuiging, ander in opdrag. Wie was die Voorpospioniers nou eintlik? Wie het op die Groot Trek gegaan? Ter wille van die karakters in die romans onder bespreking, moes ek die Voorposmense beter definieer, al het dit van meet af aan vir my na 'n onbegonne taak gelyk, hoofsaaklik omdat my beskouing aanvanklik 'n koloniale, digotomiese beskouing was, soos die Britse en Amerikaanse geskiedskrywing van die Frontier. Op grond van studies soos dié van Penn (1995), Giliomee (2003) en P.J. van der Merwe (1937) was die Voorposgemeenskap duidelik nie 'n homogene of gesegregeerde gemeenskap nie. Hulle was op verskillende maniere hoofsaaklik betrokke by veeboerdery, en volgens Christo van Rensburg (2012) was hulle byna naatloos Afrikaanssprekend. Die Voorpos was, van die owerhede se kant af gesien, anderkant die Hottentots-Hollandberge, in die Groot- en die Klein-Karoo, van die weskus tot die suidooskus, en suid van die Oranjerivier. Veel wyer as die sogenaamde Oosgrens. Die aard van hierdie omgewing bring mense nader aan mekaar, omdat die ongenadige natuur hulle na mekaar toe dwing. Veeboerdery is die gemeen-skaplike belang en Afrikaans die groot bindende faktor (vergelyk Van Rensburg 2012: Hoofstuk III en IV). Hiermee suggereer ek steeds hoegenaamd nie 'n homogene Voorposgemeenskap nie. Inteendeel, duidelike klasmerkers loop deur die gemeenskap, soos deur enige ander koloniale gemeenskap. 'n Mens kan opvallende klasmerkers onderskei, merkers wat grense trek, byvoorbeeld die drie groot groepe: slawe, Afrikane en Europeërs. In meer besonderhede: Slawe, vry slawe, Khoi-San, Khoi, Oorlams, Basters, Trekboere en Kolonisteboere. Die dwaling is egter om die klasmerkers as digotome te sien, want die merkers dui op grade van besitter teenoor nie-besitter, grade van nomade, skakerings van beskaafd en onbeskaafd. Etnisiteit was een van die merkers, maar nie die enigste merker nie. Dit was ook 'n klasmerker eerder as 'n rasmerker, en bepaald nie 'n digotomie van blank en nie-blank nie. Al sou die terme vir die plek en tyd per konvensie vas wees, veronderstel die terme self 'n onderlinge vloeibaarheid. Waar lê die grens tussen Khoi en Oorlam, Oorlam en Baster, tussen Baster en Trekboer of tussen Trekboer en Grensboer? Die Voorposgemeenskap is daarby ook nog volgens Van Rensburg (2012:44) 'n enkele taalgemeenskap met net 'n vae variëteitsgrens tussen Khoi-Afrikaans en Veeboerafrikaans, en selfs dit was nie 'n digotomie nie. Wat noem ons hulle? Dit is wat ek in 1992 (Du Plessis 1992:8) bedoel het met Afrikaanses, maar toe was dit vir my 'n sinchroniese term. Nou verstaan ek dit meer diachronies, omdat my lees van die geskiedenis en die taalgeskiedenis 'n nuwe wêreld oopgemaak het waarbinne die fiktiewe karakters van die romans optree. Dalk verstaan ek nou self eers my eie term, maar dit is nou onbruikbaar omdat dit verpolitiseer is. Die verskillende Afrikaanssprekende gemeenskappe op die Voorpos veronderstel nie 'n digotomie nie, want daar is nie duidelik gedefinieerde grense tussen die onderskeie Afrikaanse groepe nie, dit impliseer eerder iets soos 'n kontinuum. Die trekkers uit die Voorpos is 'n heterogene, geïntegreerde gemeenskap. 'n Kontinuum van gemeenskappe, waar kleur, ná meer as 'n eeu in die Afrika-son, hoogstens skakerings van bruin sou wees. Ek wil aanvanklik wegbly van 'n Afrikaanse term vir dié gemeenskap, omdat dit voor die einde van ons gesprek polities verdag sal wees. Ek het my op 'n Google-soektog verlaat en agtergekom dat daar internasionaal meer neutrale terme vir sodanige gemeenskappe bestaan. Miskien is die Spaanse mestizos 'n eerste oplossing. Dit is afgelei van die Latynse woord vir meng, mixtus. Dit is my nalees oor die Métis-mense van Kanada wat my op die eerste spore geneem het. Die sewentiende-eeuse Franse pelsjagters het inheemse Indiane-vroue geneem en hieruit ontstaan die Métis-Nation, wat volgens Noel Knockwood (1995:1) "a continuum [is] having Native roots at one end and European at the other". Ofskoon die Voorposmense 'n vergelykbare kontinuum veronderstel, is dit duidelik uit die betoog tot dusver dat dit op ons Voorpos nie net om Afrikaan en Europeer op die eindpunte van die kontinuum gaan nie, want dit word gekompliseer deur slawe as deel van die kontinuum. Die Voorposgemeenskap is verder meer as 'n gemeenskap van gemengde bloed, want op die eindpunte moet daar teoreties voorsiening gemaak word vir iets soos ongemengde Afrikaan, ongemengde slaaf en ongemengde Europeër. Die Voorposgemeenskap sluit meer as net mestizos in. Daarom gebruik ek Voorpospioniers as eienaam vir my Voorposgemeenskap. Die Voorpospioniers is Afrikaanssprekend, maar daar loop sosiale en dus ook sosiolektiese grense deur die taalgemeenskap. Van Rensburg (2012) onderskei deurgaans tussen Khoi-Afrikaans en Veeboerafrikaans op die Voorpos, maar selfs dit kan natuurlik ook geïnterpreteer word as mite van die digotomie, want die Intertaalteorie veronderstel juis 'n klien van aanleerdersvariëteite en nie net 'n tweedeling nie. Lang en indringende gesprekke tussen my en Christo van Rensburg oor die afgelope jare veroorsaak dat ek nie altyd seker is of ek hom of myself aanhaal nie, maar hy het my op die spoor van G.S. Nienaber se manatan gebring. Die Voorpospioniers het almal Manatans gepraat. Manatan, volgens Nienaber (1989:716; 795), is die Khoi-woord wat verwys na 'n taal sonder klap- of suigklanke, dus nie Khoi nie. My karakters verteenwoordig 'n geskakeerde Voorpospioniersgemeenskap wat Afrikaans praat. Dit is Manatans wat getrek het. 5. HOEKOM TREK HULLE? Die aard van die boerdery op die Voorpos in die eeu voor die Groot Trek veronderstel verskillende grade van 'n nomadiese bestaan. Om by Van Rensburg (2012:70) aan te sluit: "Veeboere moet maar regstaan om gereeld agter weiveld aan te versit. Dit maak dat hulle trek ken. En onvastigheid. So bly 'n mite leef. Eendag kom daar 'n trek wat by 'n bestemming gaan uitkom waar drome nie meer hersenskimme is nie." In aansluiting by die siening oor die Amerikaanse Frontier, aanvaar ek ter wille van die argument dat ons Voorpos nie net 'n werklike plek is nie maar ook 'n ruimte waarbinne identiteit geskep én verwoes word. Die vorige afdeling het oor die Voorpos as skepper van 'n Voorpos-identiteit gehandel, terwyl dit eweneens die verwoester van 'n Kaapse identiteit was. Wat gebeur nou as die pionier op die Voorpos self weer gemarginaliseerd voel? In 1836 verlaat my Voorposkarakters die Voorposruimte en trek oor die Grootrivier die onbekende binneland in na 'n nuwe ruimte. Eintlik maar net na 'n nuwe Voorpos waarin ou identiteite verwoes kan word en nuwes gebore kan word. Die vraag is dus: Hoekom trek 'n pioniersgemeenskap uit een voorpos na 'n ander, onbekende voorpos? 'n Punt wat Penn in sy inleiding maak, is dat die amptenary in 'n vreemde omgewing die oorspronklike kultuur idealiseer. Ek meen dat 'n mens ook identiteit in die plek van kultuur kan gebruik. Die Nederlandse en later Britse amptenary in die afgeleë grensgebiede idealiseer hiervolgens die Kaapse identiteit. Dit was juis die onderdrukkende aard van die Kaapse kultuur wat my karakters se voorgeslag Voorpos toe gedryf het. Dit is presies dié kultuur wat hulle in die Kaap soos gemarginaliseerde koloniste laat voel het. Giliomee (2003:58) merk op dat "many of them pretended that they could do without the government, ...". Deur weg te trek uit die Kaap self, het hulle hulleself van die konvensies wat hulle onderdruk het, probeer bevry sodat hulle 'n nuwe interpretasie aan Kaapse identiteit kon gee. "The frontier was thus the sight of constant battle between different versions of what constitutes Dutch identity", sê Penn (1995:XVIII). Dit is belangrik om te beklemtoon dat die voorafgaande afdeling van hierdie artikel juis betoog dat die identiteit op die Voorpos teen die eeuwending veel meer as 'n Hollandse of selfs 'n Kaapse identiteit was. Teen 1836 word die binneland vir my karakters die "ander plek", 'n heterotopie. Heterotopie is 'n konsep uit die menslike geografie wat dui op 'n ruimte van andersheid, maar wat nie hier of daar is nie. Dit is terselfdertyd werklikheid en verbeelding, soos die beeld in 'n spieël. Was die Voorpospioniers op soek na 'n ander voorpos, 'n nuwe identiteit? Die oorsake van die Groot Trek word in baie boeke en artikels bespreek, ook in Die geskiedenis van Suid-Afrika. Dit is glad nie die doel van hierdie afdeling om dit oor te probeer sê nie. Dit is goed genoeg gedokumenteer, maar die karakters in enige roman se handeling moet immers gemotiveer word. Die fiksieskrywer is meer geïnteresseerd in die koppe en harte van mense omdat dit eintlik is waaroor die historiese roman behoort te gaan. Die bekende Franse filosoof, Michel Foucault (1926-1984), beklemtoon in sy 1967-artikel oor heterotopie, ruimte as sentrum van ons teorieë en denke. In die Middeleeue is ruimtes bloot beskou as 'n groep hiërargieë van plekke, byvoorbeeld heilige plekke. Die vraag is egter nie net of daar ruimtes is nie, maar wat die verhouding tussen terreine is, en ek gebruik terreine as vertaling van die Engelse sites. Ons lewe in 'n stel verhoudings met terreine wat nie gelykgestel kan word aan mekaar nie, en wat ook nie oormekaar geplaas kan word nie. In die uiteensetting hier onder steun ek swaar op die Engelse vertaling van die 1967-artikel van Foucault self, miskien so sterk dat dit wat volg in sekere opsigte 'n Afrikaanse interpretasie van Foucault is. Die verwysings is sonder uitsondering na hierdie artikel, wat in die internet-weergawe ongelukkig nie bladsynommers verstrek nie. Eerstens is daar utopieë, maar Utopia is nie 'n werklike plek nie. "Utopias are sites with no real place." Utopieë is terreine sonder werklike plek. Dit stel 'n gemeenskap in perfekte vorm voor. In wese is 'n utopie 'n plek wat nie bestaan nie. 'n Droomruimte. Veral ná die tweede Britse besetting van die Kaap in 1806 sou die Voorpospioniers al meer oor 'n utopie begin droom het. 'n Droomruimte waarin hulle nie oorheers en gemarginaliseer sou word deur vreemde amptenare of onderdrukkende wette en regulasies nie. Sodanige utopie is egter plekloos, totdat die droomplek 'n werklike plek word. Dit noem Foucault dan 'n heterotopie. 'n Museum is byvoorbeeld 'n heterotopie van tyd, 'n plek waar voorwerpe en style uit verskillende tye uitgestal word. "They exist in time but also exist outside of time because they are built and preserved to be physically insusceptible to time's ravages." Foucault gebruik 'n spieël as metafoor vir die dualiteit en kontradiksie, die werklikheid en onwerklikheid van utopiese projekte. Die spieël is 'n metafoor vir 'n utopie, omdat die beeld wat 'n mens daarin sien nie bestaan nie. Die spieël is egter tegelyk ook 'n heterotopie, want die spieël is inderdaad 'n werklike plek waarin jou beeld verskyn. Die volmaakte wêreld wat die Voorposmense hulle verbeel bestaan, bestaan nêrens nie, maar anderkant die Grootrivier is daar 'n binneland, 'n werklike ruimte, waarin hulle die spieëlbeeld van die utopie sien. Die binneland word dus die heterotopie waarheen hulle gaan trek. Dit is die plek wat optree as utopie, en die heterotopie wat gevorm word in die gees van die gemeenskap. Dit, sê Foucault, is iets soos kontra-terreine, 'n soort effektiewe nagemaakte utopie waarin al die werklike terreine, al die ander werklike terreine wat kan bestaan binne die kultuur, gelyktydig verteenwoordig, betwis en omgekeer kan word. Hierdie soort plekke is buitekant alle plekke, al sou dit moontlik wees om hulle lokaliteit in die werklikheid aan te dui. Omdat hierdie plekke totaal anders is as al die terreine wat hulle weerkaats en oor praat, noem Foucault hulle, by wyse van kontras met utopieë, heterotopieë. Foucault meen dat daar tussen utopieë en heterotopieë 'n soort gemengde, gesamentlike ervaring kan wees, wat die spieël is. Die spieël is immers 'n utopie, aangesien dit 'n pleklose plek is. In die spieël sien ek myself daar waar ek nie is nie, in 'n onwerklike, virtuele plek wat agter die oppervlakte oopgaan; ek is daar oorkant waar ek nie is nie, 'n soort skaduwee wat my eie sigbaarheid vir myself gee, dit stel my daartoe in staat om myself te sien waar ek afwesig is: Dit is egter terselfdertyd ook 'n heterotopie vir sover die spieël in die werklikheid bestaan, waar dit van 'n soort teenaksie van die posisie wat ek inneem, gebruik maak. Gesien van die spieël se kant af ontdek ek my afwesigheid van die plek waar ek is (in die spieël) omdat ek myself daar oorkant sien. Die gestaar word as 't ware reguit op my gerig vanaf die grond van hierdie virtuele plek wat aan die ander kant van die glas is, kom ek na myself toe terug, ek begin weer my oë op myself rig en begin myself rekonstitueer daar waar ek is. Die spieël funksioneer in hierdie opsig as 'n heterotopie: dit maak hierdie plek wat ek inneem sodra ek na myself in die glas kyk onmiddellik absoluut werklik, saam met al die ruimte wat dit omring, en absoluut onwerklik, want om waargeneem te word, moet dit deur hierdie virtuele punt wat doer oorkant is, beweeg. Hoe kan die heterotopieë beskryf word? Watter betekenis het hulle? Dit is min of meer 'n gelyktydige mitiese en werklike stryd van die plek waarin ons bestaan. Hierdie beskrywing kan heterotopologie genoem word. Die Voorposgemeenskap sien oorkant die Grootrivier die werklike plek waarin hulle hulleself op hulle eie manier sal regeer, waar hulle onafhanklik sal wees. Die nuwe voorpos word hulle heterotopie. In die twee romans word daar deurgaans gepraat oor Andries Hendrik Potgieter se isolasiebeleid. Hy wil 'n droomwêreld sonder Engelse skep. Dit is hoekom die karakters in Die pad na Skuilhoek nie Natal toe gaan nie, en dit is hoekom die enkele nuwe karakters in As die wind kom draai terug trek, weg van die anneksasie van Natal af. Op die nuwe Voorpos kry die karakters nuwe mites en 'n ander identiteit. 6. SLOT Heterotopieë is spesiale plekke waarin spesifieke waardes van die vooggemeenskap gelyktydig verteenwoordig, betwis en gewysig word. Die binneland as nuwe voorpos is 'n goeie voorbeeld van 'n heterotopie. Daar is in hierdie artikel vlugtig aandag geskenk aan die mites wat die Nederlandse koloniste met hulle saamneem na die Voorpos toe en hoe dit op die Voorpos verander en al minder Hollands en al minder Kaaps word. Wat gebeur met die mites in die binneland, want sodra die mite na 'n nuwe plek (voorpos) ingevoer word, word dit getransformeer? Dit is eintlik 'n vraag na die gevolge van die Groot Trek. Daaroor kan ek ongelukkig nog nie praat nie, want my jongste roman eindig in 1844. Dit was nog te vroeg om die transformasie te sien. Daarvoor moet jy maar die geskiedenisboeke raadpleeg. My karakters gaan op trek op soek na hulleself en die utopie waarin daar nie oorheersing is nie. Hendrik Potgieter sê in die jongste roman, As die wind kom drooi, self dat waar 'n Engelsman is, kan daar nie vryheid wees nie. Hulle ontmoeting met die binneland as werklike ruimte, met nuwe armoede, onderlinge stryd en die nasies, laat sowel die utopie as die heterotopie vinnig verdwyn. Miskien is die byna onmiddellike teenwoordigheid van die Britse owerheid in die binneland 'n feit wat die utopie verwoes, en die geweld waarmee die nasies ontmoet word deel van wat uiteindelik hulle identiteit word, 'n identiteit wat eers ná 1880 as Afrikanernasionalisme beskryf kan word. Maar ek raai net, want ek is nog net by 1844. Een ding weet ek nou: Ek kan nie 'n roman skryf oor die geskiedenis van Potchefstroom ná 1850 nie, want ek het te min feite om daarvan fiksie te kan maak. Daar is dus 'n verband tussen storie en historie, maar daar is ook 'n duidelike verskil. Dit lyk vir my na bedmaats wat nie sonder mekaar kan klaarkom nie. Historiese fiksie is afhanklik van historiese feite. Mislei deur die mite van die digotomie, het ek in die titel van hierdie artikel van storie óf historie gepraat. Nou weet ek van beter. Dit moet Die Groot Trek 175, storie én historie wees. BIBLIOGRAFIE De Jong, P.S. 1987. Sarel Cilliers. Johannesburg: Perskor. [ Links ] De Villiers, Johan. 2012. Die Kaapse samelewing onder Britse bewind, 1806-1834. Pretorius, Fransjohan (redakteur). 2012. Geskiedenis von Suid-Afrika van voortye tot vandag. Kaapstad: Tafelberg, Hoofstuk 4. [ Links ] Du Plessis, Hans. 1992. En nou Afrikaans? Pretoria: Van Schaik. [ Links ] Du Plessis, Hans. 2011. Die romansier en die verlede: die skrywer se hantering van historiese materiaal in die skep van die historiese roman Die pad na Skuilhoek. LitNet Akademies , Jaargang 8 (3),Desember 2011. [ Links ] Foucault, Michel. 1967. Of other spaces, heterotopias. http://foucault.info/documents/heteroTopia/foucault.heteroTopia.en.html [ Links ] Gerdener, G.B.A. 1925. Sarel Cilliers, die vader van Dingaansdag. Pretoria: J.L. van Schaik. Giliomee, Herman. 2009. The Afrikaners. Kaapstad: Tafelberg. [ Links ] Giliomee, Herman & Bernard Mbenga. 2007. Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika. Kaapstad: Tafelberg. Knockwood, Noel. 1995. The Métis-nation. http://easternwoodlandmetisnation.ca/metis-history.htm [ Links ] Kriel, Lize. 2004. Negotiating identity in contested space: African Christians, white missionaries and the Boer conquest of the Blouberg in the late nineteenh century Transvaal. African Historical Review, 30:148-169. [ Links ] Le Roux, T.H. (red). 1977. Die dagboek van Louis Trigard (derde uitgawe). Pretoria: J.L. van Schaik. [ Links ] Nienaber, G.S. 1989. KhoiKhoinse stamname. Pretoria: Academica. [ Links ] Penn, Nigel, G. 1995. The Northerh Cape Frontier zone, 1700-c1815. Ongepubliseerde Ph.D.-tesis, Universiteit van Kaapstad. [ Links ] Preller, Gustav S. 1920. Voortrekkermense, deel II. Kaapstad: De Nationale pers. [ Links ] Preller, Gustav S. 1938. Dagboek van Louis Tregardt (1836-1838) (tweede, verbeterde uitgaaf). Kaapstad: Nasionale pers. [ Links ] Pretorius, Fransjohan (redakteur). 2012. Geskiedenis von Suid-Afrika von voortye tot vandag. Kaapstad: Tafelberg. [ Links ] Rossouw, Johann. 2008. Tegniek en Republiek: Wisselende vryheidsbegrippe in Afrikaner- en Suid-Afrikaanse politiek. LitNet Akademies, Jaargang 5(1), Augustus 2008. [ Links ] Slabbert, Frederik Van Zyl. 2006. Duskant die geskiedenis. Kaapstad: Tafelberg. [ Links ] Stals, W/A. 1977. Die kwessie van naturelle-eiendomsreg op grond in Transvaal, 1838-1884. Argiefjaarboek vir Suid-Afrikaanse geskiedenis, jaargang 35, deel II. Pretoria: Staatsargief. [ Links ] Van den Bergh, G.N. 1969. Die Drie en Dertig Artikels: Grondwet of Regsprekende handleiding? S.A. Historical journal, (1.1). [ Links ] Van den Bergh, G.N. 1998. Die geskiedenis van Potchefstroom. Ongepubliseerde manuskrip. [ Links ] Van der Merwe, P.J. 1937. Die noordwaartse beweging van die Boere voor die Groot Trek, 1770-1842. Den Haag: Van Stockum. [ Links ] Van der Merwe, P.J. 1985. Die Matabeles en die Voortrekkers. Argiefjaarboek vir Suid-Afrikaanse geskiedenis, [ Links ] nege en veertigste jaargang, deel I. Pretoria: Staatsargief. Van Rensburg, Christo. 2012. So kry ons Afrikaans. Pretoria: Lapa. [ Links ] Verhoef, Grietjie. 2012. Die ekonomiese geskiedenis van die 19de eeu. Pretorius, Fransjohan (redakteur). [ Links ] 2012. Geskiedenis van Suid-Afrika van voortye tot vandag. Kaapstad:Tafelberg, pp. 201-218. Visagie, J.C. 2012. Uittog en vestiging van die Voortrekkers in die binneland. Pretorius, Fransjohan (redakteur). [ Links ] 2012. Geskiedenis van Suid-Afrika van voortye tot vandag. Kaapstad:Tafelberg. pp.131-152. [ Links ] Hans du Plessis behaal die graad BA aan die Universiteit van Pretoria en die DLitt et Phil aan UNISA. Hy besoek Harvard Universiteit in 1976 en in 1991 woon hy kursusse in skryfkuns aan Iowa en die Oklahoma Arts Institute by. Na ses jaar as onderwyser word hy aangestel as lektor in Afrikaanse taalkunde aan UNISA in 1971, daarna doseer hy aan die RAU en word in 1981 aangestel as professor in Afrikaans aan die Noordwes-universiteit. Hy word in 1990 die Direkteur van die ATKV-skryfskool van die NWU. Tans is hy navorsingsgenoot in die Skool vir Tale van die NWU en hy is voltydse skrywer. Meer as 150 artikels in nasionale en internasionale tydskrifte het reeds uit sy pen verskyn asook 'n aantal taalkundeboeke. Hy debuteer in 1978 as skeppende skrywer en 15 literêre werke het reeds van hom verskyn, waaronder poësie, prosa en drama. Hans du Plessis obtained a BA from the University of Pretoria and the DLitt et Phil from UNISA. He visited Harvard University in 1976 and in 1991 attended courses in Creative Writing at Iowa and the Oklahoma Arts Institute. After six years as a teacher he was appointed lecturer in Afrikaans linguistics at UNISA in 1971. He took up a post as Senior Lecturer at the Rand Afrikaans University and in 1981 became professor in Afrikaans at the Northwest University and in 1990 the Director of the School for Creative Writing at the same university. At present he is a full-time writer, and research fellow in the School of Languages of the Northwest University. He has published more than 150 articles in national and international journals, several textbooks, and 15 literary works, including poetry, novels and columns.
<urn:uuid:06bc7394-23aa-41ce-b53e-7d8888b29ac3>
CC-MAIN-2019-30
http://www.scielo.org.za/scielo.php?pid=S0041-47512013000300012&script=sci_arttext
2019-07-15T18:55:00Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195523840.34/warc/CC-MAIN-20190715175205-20190715201205-00317.warc.gz
by
4.0
a_tag
false
false
{ "abbr": [ "by", "by" ], "in_footer": [ false, false ], "in_head": [ false, false ], "location": [ "a_tag", "a_tag" ], "version": [ "4.0", "4.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999974
false
Katherine Helmond Jump to navigation Jump to search Katherine Helmond | | Geboortenaam | Katherine Marie Helmond | ---|---| Geboorte | 5 Julie 1929 | Nasionaliteit | Amerikaans | Sterfte | 23 Februarie 2019 | Beroep(e) | Aktrise en regisseuse | Aktiewe jare | 1955–2019 | Internet-rolprentdatabasis-profiel | Katherine Helmond (5 Julie 1929 – 23 Februarie 2019) was 'n Amerikaanse aktrise en regisseuse. Sy was bekend vir haar rolle in die rolprente Time Bandits (1981) en Brazil (1985), en in die televisiereekse Soap (1977) en Who's the Boss? (1984). Inhoud Filmografie[wysig | wysig bron] Rolprente[wysig | wysig bron] - 1955: Wine of Morning - 1976: Baby Blue Marine - 1981: Time Bandits - 1985: Brazil - 1985: Shadey - 1987: Overboard - 1988: Lady in White - 1992: Inside Monkey Zetterland Televisiereekse[wysig | wysig bron] - 1972: The ABC Afternoon Playbreak - 1977: Soap - 1977: Meeting of Minds - 1984: Who's the Boss? - 1986: Charmed Lives - 1989: Coach - 1991: The Full Wax - 1993: The Elvira Show - 2000: Famous Homes & Hideaways Televisierolprente[wysig | wysig bron] - 1974: Locusts - 1975: The Family Nobody Wanted - 1975: The First 36 Hours of Dr. Durant - 1975: The Legend of Lizzie Borden - 1979: Diary of a Teenage Hitchhiker - 1979: Pat Boone and Family Easter Special - 1980: Scout's Honor - 1982: For Lovers Only - 1984: Not in Front of the Kids - 1986: Christmas Snow - 1990: When Will I Be Loved? - 1991: Deception: A Mother's Secret - 1991: The Perfect Tribute - 1995: Liz: The Elizabeth Taylor Story - 1996: Wrinklyvision - 1997: Ms. Scrooge - 2001: Living in Fear - 2007: A Grandpa for Christmas Video's[wysig | wysig bron] - 2003: It's a Dog's Life: Behind the Scenes and Cast Interviews 'Beethoven's 5th'
<urn:uuid:2a356f4a-d38f-4a46-ab49-844f5373e01a>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Katherine_Helmond
2019-07-18T05:29:03Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525500.21/warc/CC-MAIN-20190718042531-20190718064531-00077.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.780324
false
Sambar Sambar | |||||||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Ook: perdhert | |||||||||||||||| Bewaringstatus | |||||||||||||||| Wetenskaplike klassifikasie | |||||||||||||||| Binomiale naam | |||||||||||||||| Rusa unicolor (Kerr, 1792) | |||||||||||||||| Verspreiding. Sinonieme | |||||||||||||||| Die sambar of perdhert (Rusa unicolor) is ’n groot takbok wat inheems is aan Indië, Suid-China en Suidoos-Asië. Die naam "sambar" verwys hoofsaaklik na R. unicolor, hoewel dit soms ook gebruik word om te verwys na ’n paar ander hertsoorte. Beskrywing[wysig | wysig bron] Die voorkoms en grootte van die sambar wissel grootliks deur hul verspreidingsgebied, en dit het in die verlede tot groot verwarring gelei; meer as 40 wetenskaplike sinonieme is al vir die spesie gebruik. Hulle is gemiddeld 102 tot 160 cm hoog by hul skouers en kan tot 546 kg weeg, hoewel die gemiddelde gewig 100 tot 350 kg is.[1][2] Hulle is sowat 1,62 tot 2,7 m lank.[3] Sambars van die westelike subspesies is meestal groter as dié van die oostelike subspesies, en ooie is kleiner as ramme.[4] Die pels is enigiets van geelbruin tot donkergrys en is gewoonlik eenkleurig, hoewel sommige spesies se kleure kol-kol kan verskil. Hulle het klein, maar digte maanhare, wat meer prominent by ramme is. Die stert van 22 tot 35 cm is relatief lank vir ’n takbok en is gewoonlik swart bo en wit onder.[4] Verspreiding en ekologie[wysig | wysig bron] Die sambar kom voor in Suid-Asië (tot so ver noord as die hange van die Himalaja), Suidoos-Asië (Birma, Thailand, Indo-China en die Maleise Skiereiland), Suid-China, Taiwan en die eilande van Sumatra en Borneo.[5] Hulle verkies die digte beskerming van bladwisselende struike en grasse,[6] maar dit verskil weens hul groot verspreidingsgebied. Die diere kom hoofsaaklik in bosgebiede voor en eet ’n groot verskeidenheid plante, onder meer gras, blare, vrugte en waterplante, afhangend van die plaaslike habitat.[6] Hulle eet ook struike en bome.[4] Sambars se grootste vyande is tiers en leeus. In Indië maak hulle tot byna 60% van die prooi van die Bengaalse tier uit.[7] Hulle word ook deur krokodille en wildehonde aangeval, veral as hulle siek is.[5] Subspesies[wysig | wysig bron] Die subspesies van Indië en Sri Lanka is die grootste en hulle het die grootste gewei. Die Sumatraanse sambar van die Maleise Skiereiland en Sumatra en die Borneotiese sambar het die kleinste gewei in verhouding met hul liggaamsgrootte. Die Formosaanse sambar is die kleinste Rusa unicolor. - R. u. brookei - R. u. cambojensis - R. u. dejeani - R. u. equina - R. u. hainana - R. u. swinhoii - R. u. unicolor Verwysings[wysig | wysig bron] - Burnie D and Wilson DE (reds.), Animal: The Definitive Visual Guide to the World's Wildlife. DK Adult (2005), ISBN 0789477645 - "Comparative Placentation". Placentation.ucsd.edu. Besoek op 2012-08-17. - Boitani, Luigi (1984) Simon & Schuster's Guide to Mammals. Simon & Schuster/Touchstone Books, ISBN 978-0-671-42805-1 - Leslie, D.M. (2011). “Rusa unicolor (Artiodactyla: Cervidae)”. Mammalian Species 43 (1): 1–30. doi:10.1644/871.1. - Timmins, R.J., Steinmetz, R., Sagar Baral, H., Samba Kumar, N., Duckworth, J.W., Anwarul Islam, Md., Giman, B., Hedges, S., Lynam, A.J., Fellowes, J., Chan, B.P.L. & Evans. (2008). Rusa unicolor. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 12 Desember 2010. - Valerius Geist (1998) Deer of the world: their evolution, behaviour, and ecology. Stackpole Books. 1998. pp. 73–77. - T. Ramesh, V. Snehalatha, K. Sankar and Qamar Qureshi (2009). “Food habits and prey selection of tiger and leopard in Mudumalai Tiger Reserve, Tamil Nadu, India”. J. Sci. Trans. Environ. Technov. 2 (3): 170–181. - Wilson, D.E., Reeder, D.M. (reds.) (2005) Mammal Species of the World, A Taxonomic and Geographic Reference (3de uitg.), Johns Hopkins University Press online
<urn:uuid:9c023f19-2ad6-4dee-9231-c2a10ad063fc>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Rusa_unicolor
2019-07-18T05:11:02Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525500.21/warc/CC-MAIN-20190718042531-20190718064531-00077.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.996941
false
Vertoon 'n samestelling van alle boekstawings van Wikipedia. U kan die resultate vernou deur 'n boekstaaftipe, gebruikersnaam (kas-sensitief) of spesifieke blad (ook kas-sensitief) te kies.
<urn:uuid:b94fcb07-65f7-4106-9c8f-1b014f35d248>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Logboek/Ripchip_Bot
2019-07-18T05:02:22Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525500.21/warc/CC-MAIN-20190718042531-20190718064531-00077.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.996149
false
Cannes-rolprentfees 2004 Datum | 12-23 Mei 2004 | | Plek | Cannes, Frankryk | | Aanbieder | Laura Morante | | Getal prente | 19 (In Kompetisie) 21 (Un Certain Regard) 10 (Kortprente) | | Webtuiste | Cannes-rolprentfees | | Belangrike prente | || Openingsfliek | Bad Education | | Afsluitingsfliek | De-Lovely | | Palme d'Or | Fahrenheit 9/11 | Die 57ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 12-23 Mei 2004 gehou. Die Amerikaanse akteur en vervaardiger Quentin Tarantino was die voorsitter van die jurie. Die Italiaanse aktrise Laura Morante het die opening- en die afsluitingseremonie aangebied.[1] Altesaam 50 rolprente en kortfilms is vir mededinging gekies. Die Amerikaanse rolprent Fahrenheit 9/11, met Michael Moore as regisseur, het die Palme d'Or gewen.[2] Die fees is geopen met Pedro Almodóvar se Bad Education (La mala educación) en afgesluit met De-Lovely van Irwin Winkler.[3][4][5] Belangrikste fliekpryse[wysig | wysig bron] Rolprent | Regisseur | Land | Prys | ---|---|---|---| Fahrenheit 9/11 | Michael Moore | VSA | Palme d'Or | Oldboy (Oldeuboi) | Park Chan-wook | Suid-Korea | Grand Prix | Tropical Malady (Sud pralad) | Apichatpong Weerasethakul | Thailand | Jurieprys | Moolaadé | Ousmane Sembène | Senegal | Un Certain Regard | My Treasure (Or) | Keren Yedaya | Israel | Caméra d'Or | Traffic | Catalin Mitulescu | Roemenië | Kortfilm-Palme d'Or | Ander pryse[wysig | wysig bron] Prys | Wenner | Rolprent | Land | ---|---|---|---| Beste regisseur | Tony Gatlif | Exiles (Exils) | Frankryk | Beste draaiboek | Agnès Jaoui, Jean-Pierre Bacri | Look at Me (Comme une image) | Frankryk | Beste akteur | Yûya Yagira | Nobody Knows (Dare mo shiranai) | Japan | Beste aktrise | Maggie Cheung | Clean | Frankryk | Verwysings[wysig | wysig bron] - "Morante named as mistress of Cannes ceremonies". Besoek op 10 Desember 2013. - "Cannes 2004 winners in full". BBC News. 24 Mei 2004. Besoek op 10 Desember 2013. - "Festival lineup promises Cannes laughter". Besoek op 10 Desember 2013. - "Almodovar's Educacion to open Cannes". Besoek op 10 Desember 2013. - "De-lovely wraps up Cannes". Besoek op 10 Desember 2013.
<urn:uuid:1b599c90-458a-4646-b6f6-9b56607406e2>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Cannes-rolprentfees_2004
2019-07-19T10:46:00Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00237.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.986958
false
Suid-Afrikaanse Klas 20E No. 20-002 & 20-003 word van die Punt in Durban na die Umbilo elektriese lokomotiefdepot verskuif 14 November 2013 | | Tipe en oorsprong | | ---|---| Kragtipe | Elektries | Ontwerper | Zhuzhou Electric Locomotive Co. Ltd. | Vervaardiger | Zhuzhou Electric Locomotive Co. CSR Zhuzhou-Matsetse Basadi | Model | ZELC 20E | Klas | 20E | Vervaardig | 2013- | Aantal gebou | 95 | Bouspesifikasies | | UIC wielklassifikasie | Bo-Bo | Spoorbreedte | Kaapspoor | Bogies | 2 700 mm | Lengte | 18 268 mm | Breedte | 2 950 mm | Hoogte | 3 850 mm pantograwe neer | Asbelasting | 21 870 kg | Lokomotiefmassa | 86 368 kg | Kragverkryging | Pantograaf | Traksiemotors | Vier | Werkverrigting | | Maksimumspoed | 100 km/h | Lokomotiefremme | Elektro-pneumaties Heropwekkende en reostatiese remme | Treinremme | Lug | Lokoremkrag | 250 kN | Diensgeskiedenis | | Gebruiker | Transnet Freight Rail | Kragklas | Beide 3 kV GS & 25 kV WS | Aantal in klas | 95 | Vlootnommer(s) | 20-001 tot 20-095 | Bynaam | China Doll | Afleweringsdatum | 2013- | Eerste tog | 2013 | In Augustus 2013 is die eerste van vyf-en-negentig Klas 20E-dubbelspanning elektriese lokomotiewe vir Transnet Freight Rail op sy onderstel laat sak in Changsha, China.[1] Tien van dié lokomotiewe is deur die Zhuzhou Electric Locomotive Co., Ltd. in China gebou,[2] en die res is/sal in Suid-Afrika gebou word. Vervaardiging[wysig | wysig bron] Die eerste tien van 95 3 kV gs/25 kV ws dubbelspanning Klas 20E-elektriese lokomotiewe vir Transnet Freight Rail is in China gebou deur Zhuzhou Electric Locomotive Company, 'n filiaal van die China South Locomotive and Rolling Stock (CSR), China se voorste treinvervaardiger.[1] Die eerste twee van hierdie lokomotiewe, no. 20-002 en 20-003, is by Durbanhawe afgelaai op 14 November 2013. 'n Verdere drie, no. 20-001, 20-004 en 20-005 het op 18 Desember 2013 in Suid-Afrika aangekom. Die kontrak dui op Zhuzhou se grootste enkele oorsese bestelling van elektriese lokomotiewe tot op hede. Die kontrak maak voorsiening vir die maatskappy om elektriese lokomotiefvervaardigingstegnologie na Suid-Afrika uit te voer, en dus 'n plaaslike produksieverhouding van meer as 60 persent te bereik.[3] Die bekendstellingseremonie van die eerste lokomotief, no. 20-001, het op 20 Augustus 2013 by die fabriek in Changsha in Sentraal-China se Hunanprovinsie plaasgevind.[2] Die oorblywende 85 lokomotiewe sal volgens beplanning in Suid-Afrika gebou word deur 'n konsortium bestaande uit CSR Zhuzhou en die Suid-Afrikaanse Swart Ekonomiese Bemagtigingsmaatskappy Matsetse Basadi.[1] Eienskappe[wysig | wysig bron] Die lokomotiefbakwerk bestaan uit 'n gesweisde eenheidsontwerp, gebou van staalplate en profieldele, met 'n druksterkte van 4,45 meganewton en 'n treksterkte van 4 meganewton.[4] Die Klas 20E het 'n enkelkajuit met 'n loopgang in die middel van die lokomotief. Dit is toegerus met 'n draadlose datatransmissiestelsel wat die lokomotief se werkingstatus, foutdata en energieverbruikdata via GSM en Wi-Fi vir ontleding na 'n stasie stuur. Dit is ook toegerus met 'n astemperatuuralarmtoestel, brandalarmstelsel, kringtelevisiestelsel (CCTV), wielflenssmeertoestel en, as 'n personeelveiligheidsmaatreël, hoëspanningbeskermende sluittoestelle. Die WS-traksiemotors word beheer deur geïsoleerde-hek bipolêre transistors (IGBT).[4] Onder 25 kV WS/50Hz lynspanning is die elektriese stelsel ontwerp om teen 'n maksimum van 31 kV en 'n minimum van 17 kV te opereer, terwyl dit onder 3 kV GS ontwerp is om teen 'n maksimum van 4 kV en 'n minimum van 2 kV te werk.[4][5] Diens[wysig | wysig bron] Die Klas 20E-lokomotiewe het heropwekkende en reostatiese remme, 'n maksimum snelheid van 100 km/h, en is toegerus met lae-spoed beheer. Die eenhede het radiofrekwensieverspreide kragtegnologie, wat hulle ook in staat sal stel om in die middel van 'n lang trein te trek.[6] Twee Klas 20E-lokomotiewe, nommers 20-031 en 20-032, is gekies om gebruik te word op die Bloutrein en is in die gebruiklike blou kleurskema geverf. In Bloutreindiens (sedert vroeg in 2015) vervang hulle die voorheengebruikte Klas 18E op GS-lyne en die Klas 7E op WS-lyne landwyd. Voorbeelde geïllustreer[wysig | wysig bron] Foto's van die tweede groep lokomotiewe wat afgelaai is van die drywende kraan "Indlovu" by die O-loods in Durbanhawe op 18 Desember 2013. Verwysings[wysig | wysig bron] - Railways Africa, 20 Aug 2013: Class 20E Loco Debuts at CSR - Xinhuanet English News 2013-08-20 - First electric locomotive to be exported to Africa - Xinhuanet English News 2012-10-24 - CSR signs locomotive deal with South Africa's Transnet - Class 20E manual: Part 1: Locomotive Profile and Technical Data - Class 20E Traction Systems - Difference between AC & DC Traction Systems. Opleidingsdokument deur Transnet Engineering saamgestel, 2014. - Railways Africa, 26 Nov 2013: Class 20E Locos Arrive
<urn:uuid:661b752c-9509-4a56-a8b9-674bd55c6059>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Suid-Afrikaanse_Klas_20E
2019-07-19T10:36:54Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00237.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999072
false
Jura Periode/ sisteem | Epog/ serie | Tydsnede/ etage | M. jaar gelede | | ---|---|---|---|---| Kryt | Vroeg | Berriasium | jonger | | Jura | Laat | Titonium | 145,0–152,1 | | Kimmeridgium | 152,1–157,3 | ||| Oxfordium | 157,3–163,5 | ||| Middel | Callovium | 163,5–166,1 | || Batonium | 166,1–168,3 | ||| Bajosium | 168,3–170,3 | ||| Aalenium | 170,3–174,1 | ||| Vroeg | Toarsium | 174,1–182,7 | || Pliensbachium | 182,7–190,8 | ||| Sinemurium | 190,8–199,3 | ||| Hettangium | 199,3–201,3 | ||| Trias | Laat | Rhaetium | ouer | | Die verdeling van die Jura (IKS). | Die Jura is ’n geologiese periode van die Mesosoïese Era en strek van die einde van die Trias sowat 201,3 miljoen jaar gelede tot die begin van die Kryt sowat 145 miljoen jaar gelede. Die Jura is ook ’n chronostratigrafiese sisteem van die Mesosoïese erateem. Die Jura is die middelste periode van die Mesosoïkum, ook bekend as die era van die reptiele. Die periode het begin kort ná die Trias-Jura-uitwissing. Nog twee groot uitwissings het voorgekom in die Jura, maar nie een word gereken onder die "Groot Vyf"-massauitwissings nie. Die Jura is genoem na die Jura-gebergte in die Europese Alpe, waar kalksteen-strata uit die periode die eerste keer ontdek is. Teen die begin van die Jura het die superkontinent Pangaea uitmekaar begin dryf en twee landmassas, Laurasië in die noorde en Gondwana in die suide gevorm. Dit het die kuslyn verleng en die kontinentale klimaat verander van droog tot vogtig, en baie van die woestyne van die Trias is vervang deur reënwoude. Op die land het die dierelewe verander van die Trias se oorheersende Dinosauromorpha en Crocodylomorpha tot een wat slegs deur dinosourusse oorheers is. Die eerste voëls het ook in die Jura hul verskyning gemaak nadat hulle uit ’n tak van die Theropoda ontwikkel het. Ander belangrike gebeurtenisse sluit in die verskyning van die eerste akkedisse en die evolusie van soogdiere. In die oseane het seereptiele voorgekom soos Ichthyosauria en Plesiosauria, terwyl Pterosauria die oorheersende vlieënde gewerweldes was. Die plantegroei het meestal uit konifers bestaan. Die Diplodocus, met lengtes van tot meer as 30 m, was algemeen. Eksterne skakelsWysig - Voorbeelde van Jura-fossiele - Palaeos.com - Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Jura. - Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Jura. Proterosoïkum | Fanerosoïese Eon | ||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Neo- | Paleosoïese Era | Mesosoïese Era | Kainosoïese Era | ||||||||| Ediacarium | Kambrium | Ordovisium | Siluur | Devoon | Karboon | Perm | Trias | Jura | Kryt | Paleogeen | Neogeen | Kwartêr |
<urn:uuid:0749f5d1-75b2-48d3-8af7-3db13a719111>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Jura
2019-07-21T21:50:20Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527204.71/warc/CC-MAIN-20190721205413-20190721231413-00557.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999844
false
Roemeens - Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Roemene. Roemeens limba română | || ---|---|---| Gepraat in: | Roemenië Moldowa Serwië Bulgarye Griekeland Hongarye Oekraïne Israel | | Gebied: | Suidoos-Europa | | Totale sprekers: | 24 miljoen[1] | | Taalfamilie: | Indo-Europees Italies Romaans Balkanromaans Roemeens | | Skrifstelsel: | Latynse alfabet | | Amptelike status | || Amptelike taal in: | Europese Unie Roemenië Moldowa | | Gereguleer deur: | Academia Română Academia de Ştiinţe a Moldovei | | Taalkodes | || ISO 639-1: | ro | | ISO 639-2: | rum/ron | | ISO 639-3: | ron | | Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. | In Roemenië met 'n totale bevolking van 21,7 miljoen (in 2002) word Roemeens deur sowat 19,4 miljoen mense as moedertaal gepraat, terwyl 'n bykomende 10,6 miljoen Roemeenssprekendes tans in die buiteland woon. In Moldowa praat sowat 2,6 miljoen mense Roemeens, alhoewel die taal hier Moldawies genoem word. Opvallende kenmerke van Roemeens is die gemengde woordeskat waarby die basiese woordeskat merendeels uit Vulgêrlatyn oorgeneem is en aangevul word deur elemente uit Voor-Roemeense tale, uit Slawies (Dakoslawies, Bulgaars, later ook Russies), uit Turkse tale, Nieu-Grieks, Albanees, Hongaars, Italiaans, Frans en talle neologismes, wat uit Griekse en Latynse bestanddele gevorm is; 'n fonetiese spelling wat danksy die groot aantal klinkers baie ooreenkomste met Italiaans toon en van Roemeens in akoestiese opsig die mees presiese van alle Romaanse tale maak; die gebrek aan 'n vaste woordaksent; die gebruik van die bepaalde lidwoord as agtervoegsel (net soos in die aangrensende, nie-Romaanse Bulgaars) en die bewaring van 'n onsydige naas die manlike en vroulike geslag, net soos in Latyn. VerwysingsWysig - ( ) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Romanian". Ethnologue. Besoek op 18 Maart 2016.
<urn:uuid:75fae3f0-2116-4ecf-90db-335a98c6f7e3>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Roemeens
2019-07-23T05:21:49Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00157.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999332
false
Italiaans - Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Italianers. Die taal Italiaans (italiano of lingua italiana [ˈliŋɡwa itaˈljaːna]) is 'n lid van die Romaanse taalgroep. Net soos ander Romaanse tale was die gesproke Latynse taal of Vulgêrlatyn die uitgangspunt vir 'n taalkundige proses wat in die Middeleeue met die vestiging van Italiaans as selfstandige taal afgesluit is. Die oudste tekste, wat as Italiaans geklassifiseer word, dateer uit die tydperk tussen 960 en 963 en staan bekend as Placiti Cassinesi. Hulle is opgestel as juridiese dokumente vir die beslegting van 'n grondgeskil tussen drie Benediktyne-kloosters en 'n plaaslike grondeienaar in die omgewing van Capua, Kampanië. Blykbaar was ten minste een van die partye Latyn nie magtig nie sodat 'n vertaling in die volkstaal of volgare as nodig geag is. Italiaans italiano | || ---|---|---| Gepraat in: | Italië Switserland San Marino Vatikaanstad Slowenië Kroasië Somalië Eritrea Libië Malta Kosovo Montenegro | | Gebied: | Suid-Europa | | Totale sprekers: | 64 miljoen (moedertaal) 3 miljoen (tweede taal)[1] | | Rang: | 20 | | Taalfamilie: | Indo-Europees Italies Romaans Wes-Romaans Italoromaans Italiaans | | Skrifstelsel: | Latynse alfabet | | Amptelike status | || Amptelike taal in: | Europese Unie Italië Switserland San Marino Vatikaanstad Orde van Malta | | Gereguleer deur: | Accademia della Crusca | | Taalkodes | || ISO 639-1: | it | | ISO 639-2: | ita | | ISO 639-3: | ita | | Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. | Italiaans word deur ongeveer 65 miljoen sprekers in Italië, San Marino, die Vatikaanstad, Switserland (hoofsaaklik in die kanton Ticino), Monaco, Frankryk (département Alpes-Maritimes), Italiaanse minderhede in dele van Kroasië en Slowenië asook Italiaanse gemeenskappe in die Europese en oorsese buiteland gepraat. Tussen vyftien en twintig miljoen sprekers is Italiaans as tweede taal magtig. Met die groot emigrasiegolwe van die laat 19de en vroeë 20ste eeu is Italiaans as een van die mees gesproke tale naas Engels in die Verenigde State gevestig. Inhoud GeskiedenisWysig Van Vulgêrlatyn tot vroeë vorme van ItaliaansWysig Terwyl die Latynse stelsel van ses naamvalle of morfologiese kasus in Italiaans - net soos in ander Romaanse tale - verlore gegaan het, is die verbuigingstelsel bybehou. Opvallend is die oorgang van sintetiese tot analitiese konstruksies - 'n proses wat reeds in die Vulgêrlatynse taalfase begin het. Oorgang van sintetiese tot analitiese konstruksiesWysig Klassieke Latyn | Vulgêrlatyn | Italiaans | Afrikaans | ---|---|---|---| laudor | laudatus sum | sono lodato | ek het lof ontvang | cantavi | habeo cantatum | ho cantato | ek het gesing | Bron: Ursula Reutner/Sabine Schwarze: Geschichte der italienischen Sprache. Eine Einführung. Tübingen: Narr Francke Attempto 2011, bl. 24 Middeleeuse ItaliaansWysig Oksitaanse invloedeWysig 'n Reeks faktore het daartoe bygedra dat 'n literêre Italiaanse standaardtaal eers betreklik laat begin ontwikkel het. So het baie digters in Noord- en Suid-Italië aanvanklik voorkeur gegee het aan Oksitaans wat hulle nie net as 'n aantreklike taal beskou het nie, maar wat ook elders in Europa groot aansien geniet het en deur elites maklik verstaan en gelees kon word. Vroeë liriek in Suid-Italië is derhalwe in Oksitaans geskryf, terwyl in Noord-Italië naas Franko-Italiaanse chansons de geste (heldegedigte of epiese liedere wat die geïdealiseerde wêreld van ridders beskryf, in Afrikaans dikwels regstreeks vertaal ook Dadeliedere genoem) ook talle ander teksdokumente soos kronieke en ande geskiedkundige werke, digkuns, diergedigte en -fabels asook ander prosa in Oksitaans geskep is.[2] Selfs die Italiaanse meesterdigter Dante Alighieri het sy respek aan Oksitaans betoon en laat in Canto XXVI van sy Purgatorio die Oksitaanse trobador Arnaut Daniel (1150−1210), hoofverteenwoordiger van die sogenaamde donker en ingewikkelde styl van trobador-liriek (trobar clus) wat deur hom as die "beste smid van die moedertaal" beskryf is, in sy eie taal optree. Sisiliaanse SkoolWysig Die vroegste vorme van geskrewe literêre Italiaans dateer uit die 13de eeu en uit die suide van die taalgebied. Hier het Frederik II (1194−1250), keiser van die Heilige Romeinse Ryk en koning van Sisilië, 'n kunssinnige en intellektueel hoogstaande heerser wat ook self gedigte geskryf het, aan sy Sisiliaanse hof as beskermheer van digters opgetree. Die Sisiliaanse Skool (of Scuola siciliana) was 'n klein groep digters, naas enkele vastelanders meestal Sisiliane wat deel uitgemaak het van die koningshof, die Magna Curia. Met die notaris Giacomo da Lentini as hul hoof het hierdie groep tussen 1230 en 1266 meer as driehonderd gedigte met hoofse liefde as sentrale tematiek voortgebring wat, soos elders in Italië, deur Oksitaanse trobador-liriek geïnspireer is, maar vir die eerste keer in die volkstaal geskryf is, en juis nie in Oksitaans nie. Koning Frederik II se litêrere eksperiment is ná sy afsterwe voortgesit deur sy seun Manfred. ToskaneWysig Die dryfkrag agter die vorming van 'n Italiaanse standaard-skryftaal in die Middeleeue was die sukses van digkuns wat verder noord, in Toskane, ontstaan het. Gebaseer op die Toskaans-Florentynse dialek in sy geskrewe 13de eeuse vorm, die fiorentino letterario, en met die stad Florence as kulturele sentrum, het die werke van drie Florentynse digters, Dante Alighieri (1265−1321), Francesco Petrarca en Boccaccio, wat as die Tre corone di Firenze vereer word, 'n literêre uitgangspunt vir 'n algemeen aanvaarde Italiaanse standaardskryftaal begin vorm. Die publikasie van Dante se Divina commedia in Toskaanse Italiaans het daartoe bygedra dat die volkstaal naas Latyn as literêre medium erkenning kon kry. Die oudste geskrewe materiaal in die vroeë volkstaal stam uit die 10de eeu. Daar is egter baie meer materiaal uit die 14de eeu wat die werke van die bogenoemde klassieke Florentynse digters insluit. Vanaf die 16de eeu is Standaarditaliaans in sy geskrewe vorm algemeen aanvaar. Terwyl Latyn gedurende die Middeleeue die enigste medium vir enige vorm van wetenskaplike diskoers was, was Alighieri een van die eerste Italiaanse filosowe en geleerdes wat bereid was om aan Italiaans as gesproke moedertaal die status van selfstandige studieonderwerp toe te ken. Blykbaar het sy siening van Italiaans geleidelik verander. In een van sy vroeë werke, Vita nuova (1294), het hy nog daarvoor gepleit om die gebruik van die volkstaal tot liefdesliriek te beperk. Ook in die Convivio (1304−1307) beklemtoon hy steeds die ondergeskikte rol van Italiaans teenoor Latyn. Hierdie siening kontrasteer met die opinie oor die volkstaal wat hy in sy Latynse traktaat De vulgari eloquentia (1303−1304) vervat. Volgens hom is dit juis Italiaans se natuurlikheid wat dit verhewe maak bo Latyn. Geleerdes se refleksie oor hul eie moedertaal het algaande hulle belangstelling gewek vir taalgeskiedenis en taalkundige verandering. VenesiëWysig Die gebrek aan 'n konings- of ander hof, waar heersers as beskermhere en -dames van kunste kon optree en sodoende 'n geskrewe literêre standaard kon bevorder wat wyer erkenning sou geniet, was een van die redes hoekom die Republiek Venesië se taalvariant, Venesiaans of venexian, maar 'n ondergeskikte rol in die proses van Italiaanse taalstandaardisering sou speel - al was die Dogerepubliek een van die belangrikste politieke en ekonomiese rolspelers in die taalgebied. Literatuur en digkuns is in Venesië as 'n privaat aangeleentheid beskou en nie deur die owerheid bevorder nie. Ook was Venesiane meer behoudend in die omgang met Latyn as uit die antieke tydperk oorgeërfde skryftaal. Latyn het hierdie funksie nog tot omstreeks 1500 vervul - met 'n aanvanklike neiging om vir geskrewe kommunikasievorme Latyn en vir mondelinge die inheemse koinē of algemene volkstaal te gebruik. Geleidelik het Venesiaans dieselfde status begin vervul soos Latyn, en so is daar 'n betreklik omvangryke korpus van Venesiaanse tekste uit verskillende vakgebiede. Venesiane se taalkundige pragmatisme en onverskilligheid teen enige vorm van konsekwente taalbeleid het daartoe bygedra dat vanaf omstreeks 1500, net soos elders in Italië, die Toskaans-gebaseerde Italiaanse standaardskryftaal de facto as die voorkeurmedium van wetgewing en die meeste ander vorme van geskrewe kommunikasie in Venesië aanvaar is.[3] BybelvertalingsWysig Bybelvertalings in Italiaans het, in teenstelling met ander Europese lande, geen noemenswaardige bydrae gelewer tot taalstandaardisering nie. Eerste Italiaanse uitgawes van enkele Bybelboeke dateer uit die 13de eeu en uitsluitlik as handgeskrewe eksemplare wat net deur 'n klein minderheid belangstellendes bekostig kon word. In die volgende eeu is steeds meer Bybelboeke vertaal sodat kort voor lank die hele Heilige Skrif in die landstaal beskikbaar was. Nogtans was daar geen enkele volledige uitgawe nie - alle Bybeltekste is deur anonieme vertalers op verskillende plekke en tye in Italiaans saamgestel. Die uitvinding en verspreiding van die drukpers het die publikasie van die eerste volledige Bybeluitgawe moontlik gemaak wat in 1471 in Venesië gedruk is. Nicolò Malermi (1422−1481), 'n Camaldulenser-monnik, het die Latynse Vulgata-Bybel en bestaande Italiaanse uitgawes as basis vir sy eie vertaling gebruik wat binne agt maande voltooi is. 'n Aantal terme is deur Malermi deur Venesiaanse woorde vervang. Nogtans was die Bibbia del Malermi die eerste Italiaanse Bybeluitgawe wat op nasionale vlak versprei is. 'n Tweede Venesiaanse Bybeluitgawe is in 1532 deur Antonio Brucioli, 'n boorling van Florence en humanis wat in Protestantse leerstellings belang gestel het sonder om sy bande met die Rooms-Katolieke Kerk te verbreek (alhoewel hy uit sy geboortestad verban is en sy oortuigings deur vele as teologiese kettery beskou is), as eerste Italiaanse Bybel regstreeks uit die oorspronklike Hebreeuse en Griekse tekste vertaal. Brucioli het sy vertaalwerk stapsgewys voltooi. So het in 1530 vooraf 'n nuut vertaalde uitgawe van die Nuwe Testament verskyn («di greco novamente tradotto in lingua toscana») en in die volgende jaar die Psalms («da la hebraica verità»). Die Brucioli-Bybel het, al was dit allesbehalwe 'n literêre meesterwerk, dekades lank aanklank gevind by Italiaanse Protestante en nonkonformiste. Hersiene uitgawes daarvan is later gepubliseer, ook deur Rooms-Katolieke outeurs, waaronder een in Antwerpen en twee in Lyon, alhoewel geen noemenswaardige sukses aan hierdie vertalings beskore was nie. Van groter belang is die drie boekdele met kommentare op die Bybel wat Brucioli in 1540 gepubliseer het (vier bykomende dele het later verskyn), veral vanweë die soms onverhulde Protestantse standpunte wat die skrywer inneem (en reeds in die voorwoord tot die Venesiaanse Bybel van 1532 begin deurskyn het). Dat Brucioli geen geleerde was nie, maar 'n leek wat blykbaar Grieks en Hebreeus aangeleer het, maak sy prestasie des te merkwaardiger. Moontlik was sy Hebreeuse taalvaardighede beperk - 'n groter gedeelte van die Hebreeuse Geskrifte in sy Bybeluitgawe steun sterk op 'n vroeëre Latynse vertaling van die Italiaanse Bybelgeleerde Santi Pagnini (1470−1536) sonder dat dit eksplisiet vermeld word.[4] In 1607 het in Genève 'n nuwe Italiaanse vertaling van die Bybel verskyn wat as taalkundige meesterwerk beskou is en die standaarduitgawe vir Italiaanssprekende Protestante sou word, saamgestel deur die gereformeerde teoloog, hebraïs en diplomaat Giovanni Diodati (1576−1649) wie se adellike ouers weens godsdienstige vervolging uit Toskane gevlug het. Die mees onlangse uitgawe daarvan is in 2014 gedruk. Die Rooms-Katolieke geestelikheid was in die 16de eeu verdeeld oor die kwessie van Bybelvertalings. Dele van die klerus het daarop gewys dat die Kerk moontlik van vervalsing en bedrog beskuldig sou word indien die Bybel nie vir gelowiges sonder kennis van Hebreeus, Grieks of Latyn beskikbaar sou wees nie. Ander het Bybeluitgawes in die volkstale as die eerste stap tot wangeloof en kettery verwerp. Tydens die Tridentynse Konsilie van 1546 is dus geen besluit oor 'n Katolieke Bybel in Italiaans geneem nie en slegs die Latynse Vulgata-Bybel se outentisiteit as Rooms-Katolieke standaardwerk bekragtig. Die indeks van verbode werke, wat deur pous Paulus IV in 1559 gepubliseer is, het vir die eerste keer Bybelvertalings in die volkstaal soos Brucioli s'n bevat. In 1596 is die vertaling van Bybeltekste en die druk daarvan eksplisiet verbode en oortreders met kerklike sensuur en ekskommunikasie gedreig. Ongewoon genoeg is soms Italiaanse Bybels op kerkpleine verbrand. Die verbod op Bybels in Italiaans is eers deur 'n dekreet opgehef wat pous Benedictus XIV op 13 Junie 1757 uitgevaardig het. Rooms-Katolieke is die reg toegestaan om Italiaanse Bybelvertalings te lees en raadpleeg mits hulle deur die Heilige Stoel goedgekeur en onder die toesig van 'n Rooms-Katolieke biskop gepubliseer is. Antonio Martini (1720−1809), wat in 1781 as aartsbiskop van Florence benoem en gewy is, het vervolgens met die vertaling van die Vulgata begin. Die eerste deel van sy Bybeluitgawe het in 1769 verskyn, die volledige Italiaanse uitgawe was vanaf 1781 beskikbaar. Anderhalf eeue lank was Martini se Bybelvertaling die enigste Italiaanse uitgawe wat die Kerk se goedkeuring geniet het. Standaarditaliaans as nasionale ampstaalWysig Toe Standaarditaliaans vroeg in 1861 met die vorming van 'n eenheidstaat die status van ampstaal gekry het, was dit die huistaal van 'n baie klein minderheid van tussen drie en vyf persent Italianers. Een van die belangrikste struikelblokke vir die uitbreiding van Standaarditaliaans was die hoë aandeel ongeletterdes - in 1861 was 74,7 persent van die bevolking ongeskoold. Die meerderheid het dialekte gebesig wat eers in die 20ste eeu, onder meer deur die invloed van massamedia, aan belangrikheid verloor het.[5] In die eerste twee dekades van sy bestaan het die openbare uitsaaiwese (met RAI as nasionale uitsaaikorporasie) nog aandag gegee aan 'n verskeidenheid kulturele en opvoedkundige verantwoordelikhede. So is daar selfs programme gebeeldsend waarmee ongeletterdes lees- en skryfvaardighede kon aanleer. Met die opkoms van privaat televisiekanale, wat op vermaakprogramme gefokus het, is standaarde dikwels verlaag, ook wat taalkeuses betref. Italiaanse dialekte (dialetti italiani) | ||| ---|---|---|---| Noordelike dialekte (Settentrionali) | Gallo-Italiese dialekte: Piëmontees, Liguries, Lombardies, Emiliaans | Venesiaans | - | Toskaanse dialekte (Toscani) | Sentraal-Toskaans (Florence) | Wes-Toskaans (Lucca, Pisa, Livorno) | Suid-Toskaans (Siena, Arezzo) | Sentraal-Italiaanse dialekte (Centrali) | Dialekte van Noord-Latium | Dialekte in dele van Umbrië en Marche | - | Suidelike dialekte (Meridionali) | Napoletaanse dialekte: Suid-Latium, Abruzzi, Kampanië, dele van Lucania, Noord-Apulië | Sisiliaanse dialekte: Salentynse skiereiland, Kalabrië, Sisilië | - | Sardies en KorsiesWysig Op die eilande Sardinië en Korsika word dialekte gepraat wat saam met dialekte op die vasteland as deel van die Italiaanse dialekkontinuüm beskou word. Om kulturele redes word hulle nogtans soms as selfstandige Romaanse idiome beskryf. Korsikaans, wat baie ooreenkomste met Toskaanse dialekte toon, word in 'n konteks gepraat waar Frans die status van enigste ampstaal geniet en Korsikaans eers vanaf die 1970's weer as onderwysmedium toegelaat is nadat dit dekades lank onderdruk is. Sardies is in baie opsigte 'n behoudende taal waarin 'n aantal fonetiese en grammatikale besonderhede van die Latynse oorsprongstaal bewaar gebly het (soos die velare uitspraak van c voor e en i as k-, in teenstelling met die Italiaanse tsj-). Historiese bande met Katalonië het spore in die Sardiese woordeskat gelaat. SpellingWysig Italiaans word in die Latynse alfabet geskryf - net soos Afrikaans volgens fonetiese beginsels. As mens die uitspraakreëls ken, sal mens geen moeite hê om geskrewe woorde uit te spreek nie, en andersom. In Italiaans word alle lettergrepe van 'n woord uitgespreek. Die Italiaanse alfabet bestaan uit slegs 21 letters. Die letters J, K, W, X en Y kom in Standaarditaliaans uitsluitlik in vakterme (parole di origine dotta) en leenwoorde uit ander tale (parole di origine straniera) voor, soos byvoorbeeld bikini, kibbutz, watt, ex, uxoricida, xerocopia, spray, yacht en yoga. Italiaanse leenwoorde in ander taleWysig Italiaanse vakterme het ingang gevind tot die internasionale terminologie van musiek, kuns, ontwerp, tegnologie en die bankbedryf. Veral in die Renaissance- en baroktydperk is die Italiaanse notasiestelsel vir klassieke musiek algemeen aanvaar, saam met Italiaanse terme, onder meer omdat baie toonaangewende komponiste uit Italië afkomstig was. Finansiële vakterme is reeds in die Middeleeue uit Italiaans ontleen. Groeiende handelstrome het vereis dat die verskillende geld- en munteenhede gewissel kon word. Hierdie taak is deur sogenaamde banchieri uit Noord-Italië in heel Europa oorgeneem. Invloed in AfrikaansWysig Daar is Afrikaanse woorde wat aan Italiaans ontleen is of regstreeks, soms deur Nederlands, uit Italiaans kom. KookkunsWysig FinansiesWysig - Bankrot - Afgelei van banca (bank) en rotta (gebreek). Die houtbanke van Italiaanse banchieri op openbare pleine is dikwels deur woedende klante omvergewerp as geldbedrae, wat hulle belê het, nie terugbetaal kon word nie. - Bank - Kapitaal - Kassa - Saldo Hierdie woorde is in die 14e en 15e eeu met die Italiaanse boekhoumetode in Nederlands opgeneem en het so ook in Afrikaans hulle opwagting gemaak. MusiekWysig - Allegro - lewendig, opgewek - Piano - sag - Andante - op 'n loopgang - Sonate - Forte - hard - Continuo - ononderbroke - Crescendo - geleidelik harder AnderWysig VerwysingsWysig - ( ) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Italian". Ethnologue. Besoek op 13 Februarie 2016. - Per Sture Ureland (ed.) et al.: Entstehung von Sprachen und Völkern. Glotto- und ethnogenetische Aspekte europäischer Sprachen. Akten des 6. Symposions über Sprachkontakt in Europa, Mannheim 1984. Tübingen: Max Niemeyer Verlag 1985, bl. 143 - Ronnie Ferguson: Venetian Language. In: Eric E. Dursteler: A Companion to Venetian History, 1400-1797. Leiden • Boston: Brill 2014, bl. 952 - S.L. Greenslade (red.): The Cambridge History of the Bible, Volume 3. The West from the Reformation to the Present Day. Cambridge: Cambridge University Press 1975, bl. 110 - Andreas Michel: Einführung in die italienische Sprachwissenschaft. Tweede hersiene uitgawe. Berlin/Boston: Walter de Gruyter 2016, bl. 35 Eksterne skakelsWysig - BBC
<urn:uuid:4f1b859f-f64a-435b-a275-9e6bbd22bfd1>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Italiaans
2019-07-15T18:47:32Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195523840.34/warc/CC-MAIN-20190715175205-20190715201205-00341.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999907
false
Maak hoofkeuseskerm oop Soek Wysigings ← Ouer wysiging Nuwer wysiging → Bosnië en Herzegowina (wysig) Wysiging soos op 02:54, 25 Februarie 2012 1 greep verwyder , 7 jaar gelede k r2.6.4) (robot Verander: gd:Bosna agus Hearsagobhana [[ga:An Bhoisnia-Heirseagaivéin]] [[gag:Bosniya hem Herțegovina]] [[gd:Bosna agus Heartsagobhana Hearsagobhana ]] [[gl:Bosnia e Hercegovina - Босна и Херцеговина]] [[gn:Vonia ha Hesegovina]] EmausBot 46 391 wysigings Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/913144 "
<urn:uuid:7a320a11-80cb-4d54-9bd1-1c9014184d15>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/913144
2019-07-15T18:47:21Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195523840.34/warc/CC-MAIN-20190715175205-20190715201205-00341.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.919551
false
Dudley Foster Jump to navigation Jump to search Dudley Foster | | Geboortenaam | Frank Dudley Foster | ---|---| Geboorte | 7 Augustus 1924 | Nasionaliteit | Engels | Sterfte | 8 Januarie 1973 (op 48) | Beroep(e) | Akteur | Internet-rolprentdatabasis-profiel | Dudley Foster (7 Augustus 1924 – 8 Januarie 1973) was 'n Engelse akteur. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprent Where's Jack? (1969) en in die televisiereekse Coronation Street (1960), Danger Man (1960), en Doctor Who (1963). Filmografie[wysig | wysig bron] Rolprente[wysig | wysig bron] - 1963: Ricochet - 1965: The Little Ones - 1965: Never Mention Murder - 1969: Where's Jack? - 1974: Mistress Pamela Televisiereekse[wysig | wysig bron] - 1960: Coronation Street - 1960: Danger Man - 1961: Drama 61-67 - 1962: Steptoe and Son - 1963: Doctor Who - 1963: 24-Hour Call - 1963: First Night - 1965: Barney Is My Darling - 1965: Six of the Best - 1966: Bat Out of Hell - 1966: Harry Worth - 1966: Three Rousing Tinkles - 1967: A Hundred Years of Humphrey Hastings - 1970: That's Your Funeral - 1970: If It Moves, File It - 1972: It's Murder But Is It Art Televisierolprente[wysig | wysig bron] - 1954: Six Characters in Search of an Author - 1956: The Tamer Tamed - 1958: Incident at Echo Six - 1966: A Tale of Two Streets - 1970: Foreign Exchange
<urn:uuid:256631e8-b8b8-47c6-88e3-4cb3b748644b>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Dudley_Foster
2019-07-15T18:19:21Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195523840.34/warc/CC-MAIN-20190715175205-20190715201205-00341.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.856172
false
Geysdorp Geysdorp | | Geysdorp se ligging in Noordwes Koördinate: Koördinate: | | Land | Suid-Afrika | ---|---| Provinsie | Noordwes | Distrik | Ngaka Modiri Molema | Munisipaliteit | Tswaing | Oppervlak[1] | | - Dorp | 3,58 km² (1,4 vk m) | Bevolking (2011)[1] | | - Dorp | 1 365 | - Digtheid | 381/km² (986,8/myl2) | Rasverdeling (2011)[1] | | • Blank | 1.2% | • Indiër/Asiër | 0.3% | • Kleurling | 2.5% | • Swart | 96.0% | Taal (2011)[1] | | • Tswana | 91.1% | • Sotho | 2.6% | • Afrikaans | 2.1% | • Zoeloe | 1.2% | • Ander | 3.1% | Poskode (strate) | 2771 | Poskode (posbusse) | 2771 | Skakelkode(s) | 053 | Geskiedenis[wysig | wysig bron] Die Transvaalse regering het op 22 Januarie 1895 toestemming gegee vir die stigting van die dorp op die plaas Paardefontein, distrik Lichtenburg. Dit is onseker na wie die dorp genoem is, maar een moontlikheid is kmdt. N.C. Gey van Pittius (1837–1893), administrateur van die Republiek van Goosen.[2]
<urn:uuid:6e44ce42-01e9-42bd-b86d-5f5d5a904cde>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Geysdorp
2019-07-15T18:27:18Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195523840.34/warc/CC-MAIN-20190715175205-20190715201205-00341.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.900411
false
3 Desember Jump to navigation Jump to search << | Desember 2018 | >> | |||| So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa | 1 | |||||| 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | ||||| Al die dae | Inhoud Gebeure[wysig | wysig bron] - 1334 – Pous Johannes XXII trek sy sienings oor die lewe na die dood terug op sy sterfbed. - 1477 – Giuliano della Rovere (later Pous Julius II) word biskop van Viviers. - 1818 – Illinois word die 21ste deelstaat van die Verenigde State. - 1904 – Jupiter se maan Himalia word deur Charles Dillon Perrine ontdek. - 1967 – Die wêreld se eerste hartoorplanting vind onder leiding van Chris Barnard in Kaapstad plaas. - 1973 – Pioneer 10 beweeg op 'n afstand van 130 000 km langs Jupiter verby en stuur die eerste detailopnames na die aarde. - 1984 – Die Bhopal-gasramp, die wêreld se ergste nywerheidsongeluk veroorsaak ten minste 18 000 sterftes in die Indiese stad Bhopal. - 1999 – Die Mars-poollandingstuig bereik Mars en verdwyn. Geboortes[wysig | wysig bron] - 1800 – France Prešeren, Sloweense digter († 1849). - 1857 – Joseph Conrad, Engelse skrywer († 1924). - 1909 – Wim Hartman, Afrikaanse skrywer († 1966). - 1948 – Ozzy Osbourne, Engelse sanger. - 1954 – Etienne van Heerden, Suid-Afrikaanse skrywer. - 1955 – Bruce Fordyce, Suid-Afrikaanse maraton en ultramaraton atleet. - 1976 – Mark Boucher, Suid-Afrikaanse krieketspeler. Sterftes[wysig | wysig bron] - 1154 – Pous Anastasius IV, 168ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend). - 1948 – Jannie Hofmeyr, Suid-Afrikaanse geleerde en politikus (* 1894). - 1967 – Denise Darvall, hartskenker vir die eerste menslike hartoorplanting (* 1943). - 2001 – Marike de Klerk, eerste vrou van die voormalige Staatspresident van Suid-Afrika, F.W. de Klerk (* 1937). - 2018 – Justin Cartwright, Britse skrywer (* 1945). Vakansies, vierings, en waarnemingsdae[wysig | wysig bron] - Geen Gepubliseer[wysig | wysig bron] Teologie[wysig | wysig bron] - 1740 – Ubi Primum, Oor die pligte van biskoppe, deur Pous Benedictus XIV. - 1749 – Inter praeteritos, Oor die komende Heilige Jaar, deur Pous Benedictus XIV. - 1839 – In Supremo Apostolatus, Teen slawehandel, deur Pous Gregorius XVI. Wikimedia Commons bevat media in verband met 3 December. |
<urn:uuid:8a5dd38e-d5dc-4834-bd45-b1ae4633eb09>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/3_Desember
2019-07-16T22:40:55Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00501.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998735
false
Eupen Eupen Néau | Uitsig oor Eupen | ||| Ligging van Eupen in die provinsie Luik | ||| Koördinate: Koördinate: | ||| Land | België | || ---|---|---|---| Gewes (deelstaat) | Wallonië | || Provinsie | Luik | || Gemeenskap | Duitstalige Gemeenskap | || Regering | ||| - Burgemeester | Karl-Heinz Klinkenberg ((PFF) | || Oppervlak | ||| - Munisipaliteit | 103,74 km² (40,1 vk m) | || Bevolking (1 Januarie 2017) | ||| - Munisipaliteit | 19 450 | || - Digtheid | 187/km² (484,3/myl2) | || Poskode | 4700 (Eupen), 4701 (Kettenis) | || Skakelkode(s) | 087 | || Webwerf: www.eupen.be | Eupen (Oudfrans: Néau) is die hoofstad van die Duitstalige Gemeenskap in Oos-België en lê in die provinsie Luik, sowat 16 kilometer van Aken (Duitsland) en 45 kilometer van Maastricht (Nederland) en die stad Luik (België). Sowat negentig persent van die ongeveer 19 000 inwoners (2011) is Duitstalig, net tien persent het Frans as hulle moedertaal. Die meeste inwoners is twee- of drietalig. Geskiedenis[wysig | wysig bron] Die eerste historiese dokument, wat na Eupen en die Nikolaaskapel verwys, dateer uit die jaar 1213. In 1288 is die Hertogdom Limburg onder Jan I as gevolg van die Slag van Worringen by Brabant ingelyf. 1387 het Brabant en Limburg onder die heerskappy van die Huis Boergondië gekom. In die oorlog teen Gelderen is Eupen neergebrand. 1477 het Eupen saam met Brabant en Limburg onder die heerskappy van die Oostenrykse Habsburgers gekom. Keiser Karel V het in 1544 die reg om twee vrye jaarmarkte te hou. Eupen het in hierdie tydperk veral danksy die handel met lakens en naels bekendheid verwerf. In 1555 het Eupen saam met Brabant en Limburg onder die heerskappy van die Spaanse Habsburgers gekom. Die eerste verwysing na Eupen se Protestantse beweging is in 1565 aangeteken. 1582 is sowat die helfte van die stad deur Nederlandse huursoldate afgebrand, en in 1635 het 'n pesepidemie 'n groot aantal slagoffers geëis. In 1648 het Eupen 'n vrye gebied in eie reg geword en in 1674 stadstatus verkry. Die eerste fabriek, wat fyn lakens vervaardig het, is in 1680 opgerig. Agt jaar later, aan die begin van sy bloeitydperk, het Eupen die reg verkry om vyf jaarmarkte te hou. In 1695 het die stad ook 'n parogie geword. Ná die Vrede van Utrecht het Eupen in 1713 saam met Brabant en Limburg weer onder die heerskappy van die Oostenrykse Habsburgers gekom. Die eerste kollege van koopmanne, 'n soort kamer van koophandel, is in 1783 gestig. In 1794 het Eupen onder Franse heerskappy gekom. 1815 is Eupen volgens 'n besluit van die Weense Kongres by die Rynprovinsie van die Koninkryk Pruise ingelyf. Die eerste koerant in Eupen het in 1827 verskyn. As gevolg van die Verdrag van Versailles is Eupen in 1920 deur die Duitse Ryk aan België afgestaan. Die stad het tot 1925 deel uitgemaak van die generaal-gouvernement Eupen-Malmedy onder generaal Herman Baltia. Politiek[wysig | wysig bron] Ná die omvorming van België tot 'n federale staat het Eupen die setel van die regering en parlement van die Duitstalige Gemeenskap geword. Dit fungeer as die politieke sentrum van die Duitse minderheid in België (sowat 73 000 mense). Toerisme[wysig | wysig bron] Eupen lê aan die rand van die natuurpark Hohes Venn-Eifel en word in die ooste en suide deur bosse en in die weste deur weivelde omring. Die middestad van Eupen met sy talle burgerhuise uit die 18de eeu is 'n belangrike besienswaardigheid. Die Sint-Nikolaaskerk op die historiese markplein is volgens planne van die Akense argitek Laurenz Mefferdatis in 1722 opgerig en sy hoogaltaar uit die jaar 1744 is deur Johann Josef Couven ontwerp. Op die historiese Werthplein lê die monument vir gevalle soldate met Sint-Joris die Drakendoder, wat in die Pruisiese tydperk opgerig is, die Werthkapel en 'n aantal burgerhuise uit die tydperk tussen 1650 en 1800. Bekende museums is die stedelike museum in die historiese Gospertstraat en 'n sjokolademuseum in die nywerheidsgebied van Eupen. In die omgewing van Eupen lê die Weservalleidam, België se belangrikste reservoir van drinkwater, en die landskap Hohes Venn (Frans: Hautes Fagnes) met die natuurparksentrum Botrange. Die Gileppedam tien kilometer wes van Eupen was in 1856 die grootste betondamwal in Europa.
<urn:uuid:51613ba9-5433-489d-b28f-7100efd9458c>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Eupen
2019-07-16T22:47:37Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00501.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999733
false
Herodes Antipas Herod Antipas | | ---|---| Viervors van Galiléa en Perea | | Munte van Herod Antipas Regeer | 4 v.C. – 39 n.C. | Gebore | Voor 20 v.C. | Oorlede | Na 39 n.C.; Gaul | Voorganger | Herodes die Grote | Opvolger | Agrippa I | Adellike huis | Herodiese dinastie | Vader | Herodes die Grote | Moeder | Malthace | Eggenote | Phasaelis, dogter van Aretas IV Herodias | Herodes Antipas was tetrarchos van Galilea en Perea van 4 v.C. tot 39 n.C. Hy was 'n seun van Herodes die Grote en toe sy pa sterf in 4 v.C. het keiser Augustus besluit om sy gebiede onder sy drie seuns Antipas, Archelaüs en Philippus te verdeel. Archelaüs het Judea gekry, Antipas Galilea en Perea. [1] Daar is min bekend oor hom.[2] Hy het goeie betrekkings met Augustus en Tiberius onderhou en in hierdie tyd het Galilea rus en vrede geken. Daar was twee konflikte, een met Agrippa I en een met Aretas (IV) wat Antipas se oosgrens aangeval het. Tiberius het egter Antipas gesteun en hom in 36/37 selfs gevra om tussen Rome en Partië te bemiddel.[1] In teenstelling tot sy broers het Antipas respek getoon vir die geloof van sy volk. Dit blyk byvoorbeeld uit sy munte wat geen beelde van hom of van heidense tempels getoon het nie. [2] Onder die derde Romeinse keiser, Gaius het Antipas sy beskerming verloor. Agrippa I het hom beskuldig van ontrou aan Rome en sameswering teen die keiser. Gaius het hom geglo en Antipas verban en sy besittings gevat.[1] Antipas in die Bybel[wysig | wysig bron] Herodes Antipas is bekend uit die Bybel vir die dans van sy dogter Salome en haar eis om die hoof van Johannes die Doper as beloning te kry. (Matteus 14:1-2, Markus 6:14-16). Dit is die Herodes wat Jesus geken het. Verwysings[wysig | wysig bron] - Jesus, the Galilean Exorcist: His Exorcisms in Social and Political Context, Deel 459 van The Library of New Testament Studies, Amanda Witmer , Bloomsbury Publishing, 2012, ISBN 0567427560, ISBN 9780567427564 - "Herod Antipas in the Bible and Beyond, The ruler of Galilee in Jesus' time, Biblical Archaeology Society Staff • 05/06/2015" (in Engels).
<urn:uuid:205b29cc-db9e-407f-b67b-7635b434a20a>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Herodes_Antipas
2019-07-16T22:48:11Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00501.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999954
false
Malvaceae Malvaceae | |||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Wetenskaplike klassifikasie | |||||||||||| Subfamilies | |||||||||||| Malvaceae is die hibiskus- en katoenfamilie wat hoort tot die orde Malvales. Die bekendste en ekonomies belangrikste spesie van die familie is die wildekatoen (Gossypium herbaceum). Daar is 2300 spesies wat behoort tot die familie. Daarvan kom 280 plaaslik voor waarvan 50 bome is. Die Kremetart, genus Adansonia, hoort ook tot die familie. Kenmerke[wysig | wysig bron] Plante van die familie het enkelvoudige en gelobde blare wat drie- tot sewe-arig is vanuit die basis. Die blomme is helder en aanskoulik en verander dikwels van kleur namate hulle volwasse raak. Daar steek 'n meeldraadbuis voor by die blom uit. Boom Spesies[wysig | wysig bron] Van die Suid-Afrikaanse spesies is: - Afrikasterkastaiing (Sterculia africana) - Bosrosyntjie (Grewia lasiocarpa) - Gewone drolpeer (Dombeya rotundifolia) - Gladdeblompeer (Dombeya cymosa) - Gladdekola (Cola natalensis) - Kruisbessie (Grewia occidentalis) - Kuskatoenboom (Hibiscus tiliaceus) - Laeveldsterkastaiing (Sterculia murex) - Malvarosyntjie (Grewia villosa) - Pienkblompeer (Dombeya burgessia) - Reuserosyntjie (Grewia hexamita) - Rosyntjiebos (Grewia flava) - Skurweblaarrosyntjie (Grewia flavescens) - Sterkastaiing (Sterculia rogersii) - Vaalrosyntjie (Grewia monticola) Spesies in ander lande: - Kapokboom (Ceiba pentandra) Sien ook[wysig | wysig bron] Wikimedia Commons bevat media in verband met Malvaceae. | Bronne[wysig | wysig bron] - Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8 - Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1
<urn:uuid:471f11f1-4f8b-4ec8-bbfd-7416b3b4ba8e>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Malvaceae
2019-07-16T23:24:18Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00501.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.978281
false
Tikmasjien Jump to navigation Jump to search 'n Tikmasjien is 'n meganiese-, elektromeganiese-, of elektriese apparaat, voorsien van sleutels waarmee skryftekens op papier gedruk kan word. Voor die tikmasjien uitgevind is, was briewe en amptelike dokumente deur klerke per hand geskryf. - 'n Rekenaar se elektroniese uitsette kan letterlik binne sekondes na enige plek ter wêreld versend word deur die internet. - Rekenaars en woordverwerkers gebruik 'n "virtuele" (elektroniese) vel papier (op die monitor), dus kan veranderings en foutkorreksies na willekeur en enige tyd gedoen word sonder om enige papier, korreksievloeistof of tiklint te verbruik. - Die spoed en doeltreffendheid van 'n tikster op 'n rekenaar is waarskynlik tien keer beter as iemand op 'n meganiese tikmasjien, omdat die rekenaarsleutels sag is om te druk, terwyl tikmasjiene "geslaan" moet word. Tikfoute kan ook dadelik, tydens die tikwerk, maklik verbeter word.
<urn:uuid:ea46a229-f119-48e9-ae95-701667847556>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Tikmasjien
2019-07-16T22:59:04Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00501.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999996
false