text
string
id
string
dump
string
url
string
date
string
file_path
string
license_abbr
string
license_version
string
license_location
string
license_in_head
bool
license_in_footer
bool
potential_licenses
dict
license_parse_error
bool
license_disagreement
bool
language_script
string
language
string
language_score
float64
found_in_fw
bool
Walter Reed (akteur) Jump to navigation Jump to search Walter Reed | | Geboorte | 10 Februarie 1916 | ---|---| Nasionaliteit | Amerikaans | Sterfte | 20 Augustus 2001 (op 85) | Beroep(e) | Akteur | Internet-rolprentdatabasis-profiel | Walter Reed (10 Februarie 1916 – 20 Augustus 2001) was 'n Amerikaanse akteur. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente Flying Disc Man from Mars (1950), Tripoli (1950), Superman and the Mole-Men (1951), en 7 Men from Now (1956). Filmografie[wysig | wysig bron] Rolprente[wysig | wysig bron] - 1942: Army Surgeon - 1942: Mexican Spitfire's Elephant - 1943: Mexican Spitfire's Blessed Event - 1943: Petticoat Larceny - 1946: Child of Divorce - 1947: Banjo - 1950: Flying Disc Man from Mars - 1950: Tripoli - 1950: The Torch - 1950: The Sun Sets at Dawn - 1951: Superman and the Mole-Men - 1951: Government Agents vs Phantom Legion - 1952: Desert Passage - 1952: Target - 1955: Bobby Ware Is Missing - 1956: 7 Men from Now - 1956: Emergency Hospital - 1958: Missile Monsters - 1960: Macumba Love Televisiereekse[wysig | wysig bron] - 1953: City Detective - 1954: Annie Oakley - 1955: The Millionaire - 1955: Buffalo Bill, Jr. - 1957: Official Detective - 1958: Mike Hammer - 1960: Coronado 9 - 1960: The Case of the Dangerous Robin Televisierolprente[wysig | wysig bron] - 1960: O'Conner's Ocean
<urn:uuid:3a49dffd-5b65-4678-ac66-8c517216f861>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Walter_Reed_(akteur)
2019-07-22T00:03:28Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527396.78/warc/CC-MAIN-20190721225759-20190722011759-00410.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.789703
false
Gewone sterretjie Gewone sterretjie | |||||||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Bewaringstatus | |||||||||||||||| Wetenskaplike klassifikasie | |||||||||||||||| Binomiale naam | |||||||||||||||| Sterna hirundo Linnaeus, 1758 | Inhoud VoorkomsWysig Die Gewone sterretjie is 'n mediumgrootte grys voël met 'n wit onderkant en 'n swart mus. Die snawel word rooi met 'n swart punt gedurende broeityd. Die voël lyk amper soos die Arktiese sterretjie (Sterna paradisaea) maar die pote en snawel is langer. Habitat en gewoontesWysig Die voël vang vis aflandig en slaap op strande en riviermondings. Dit is 'n groepsvoël en word aangetref in die geselskap van meeue en ander sterretjies. Hulle broei in Europa of noordelike Asië en arriveer in die Suidelike Halfrond in die lente en somer. Sien ookWysig BronneWysig VerwysingsWysig - BirdLife International (2004). Sterna hirundo. 2006 IUBN-rooilys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2006. Verkry op 11 Mei 2006.
<urn:uuid:ca496993-3e1c-4957-bb36-0e42a884eb37>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Gewone_sterretjie
2019-07-17T00:15:53Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525004.24/warc/CC-MAIN-20190717001433-20190717023433-00354.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99983
false
Hidrosfeer Die term hidrosfeer verwys na die water wat sowel in die atmosfeer van 'n planeet asook op sy oppervlak en in sy grond voorkom (oppervlak- en grondwater). Op ons aarde verwys die vakterm watersiklus na die voortdurende uitruiling van water in die hidrosfeer. Hierdie siklus sluit grondwater en water wat in rotse gestoor is (litosfeer), die water in diere en plante (biosfeer), die water in vloeibare en bevrore vorm op die oppervlak en water in die vorm van waterdamp, wolke en neerslag in die atmosfeer in. Alhoewel dit natuurlik ook die mere, riviere en grondwater insluit, bestaan die hidrosfeer hoofsaaklik uit die oseane, wat sowat 70,8 persent van die aarde se oppervlak bedek. Met 'n gemiddelde diepte van 3 794 meter is hulle vyf keer so diep as die gemiddelde hoogte van die aarde se vastelande. Die massa van die oseane is rofweg 1.35 × 1018 ton of 1/4 400 van die aarde se totale massa. Daar is ongeveer 1 360 000 000 km³ water op aarde. Hierdie water is rofweg as volg versprei: - 1 320 000,000 km³ is in die oseane, - 25 000 000 km³ (1,8%) is in gletsers en die pole, - 13 000 000 km³ (0,9%) is grondwater, - 250 000 km³ (0,02%) is varswater in mere, binnelandse seë, en riviere, - 13 000 km³ (0,001%) is atmosferiese waterdamp op enige gegewe oomblik. Die beweging van water binne die hidrosfeer word hidrologiese siklus genoem. Hierdie beweging blyk baie duidelik te wees in die vloei van riviere en spruite, maar kom ook in mere damme voor. In die geval van die oseane word die beweging deur die water se temperatuur en soutgehalte bepaal. Warm water het 'n kleiner gewig en digtheid as koue water, en soutwater het 'n hoër digtheid as vars water. Die kombinasie van temperatuur en soutgehalte bepaal of die water na die oppervlak styg, na die grond sink of in 'n gemiddelde diepte bly. Die waterkringloopWysig Ook bekend as die hidrologiese siklus. Wanneer dit reën, gebeur een van die volgende met die water: - Dit verdamp - Dit filtreer in die grond (staan bekend as infiltrasie) - Dit vloei bo-op die grond terug na die see (staan bekend as afloop) Die water wat infiltreer, sal deur porieë en nate in gesteentes deursyfer totdat dit 'n laag soliede rots bereik wat nie water deurlaat nie. Die boonste vlak van die ondergrondse water word die watertafel genoem en gesteentes wat nie water deurlaat nie, word keerbanke genoem. 'n Akwifer is 'n waterdraer/gesteente wat water absorbeer.
<urn:uuid:d8e72098-18bf-43fa-8b68-4eb506097e8f>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Hidrosfeer
2019-07-17T00:27:16Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525004.24/warc/CC-MAIN-20190717001433-20190717023433-00354.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99998
false
Dwerglangtoon Dwerglangtoon (Microparra capensis) is 'n watervoël wat in Afrika suid van die Sahara voorkom. Hierdie voëls behoort aan die familie van langtone (Jacanidae). Dit is die enigste spesie wat aan die genus Microparra behoort. Hulle kom wydverspreid in gebiede met soetwater voor. Dwerglangtoon | |||||||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Bewaringstatus | |||||||||||||||| Wetenskaplike klassifikasie | |||||||||||||||| Binomiale naam | |||||||||||||||| Microparra capensis | Ander nameWysig - Engelse naam: Lesser Jacana - Wetenskaplike naam: Microparra capensis
<urn:uuid:e178c907-1402-4b50-8a18-a26eda8f52eb>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Microparra_capensis
2019-07-17T00:25:04Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525004.24/warc/CC-MAIN-20190717001433-20190717023433-00354.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.979782
false
Boekbronne Jump to navigation Jump to search Biblioteke Suid-Afrika: - Soek die boek in die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika se katalogus - Soek die boek in die SEALS Konsortium se biblioteek - Soek die boek in die Universiteit van Suid-Afrika se biblioteek - Soek die boek in die Universiteit van die Witwatersrand se biblioteek - Soek die boek in die Kaapse Hoër Onderwys Konsortium se biblioteek Wêreldwyd: - Soek die boek deur WorldCat in jou plaaslike biblioteek se katalogus Boekwinkels Suid-Afrika: Ander lande:
<urn:uuid:e9454594-fe1a-4935-959e-fccd131bcc92>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Boekbronne/0851122353
2019-07-18T05:11:29Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525500.21/warc/CC-MAIN-20190718042531-20190718064531-00514.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999935
false
Donderdag Jump to navigation Jump to search Inhoud Enkelvoud | Meervoud | ---|---| Donderdag | Donderdae | Verkleiningsvorm | | Enkelvoud | Meervoud | Donderdaggie | Donderdaggies | - دَُونِرْدَخْ , meervoud: دَُونِرْدَائِی - Donnerdag, meervoud: Donnerdá-ë - Die vierde dag van die week in stelsels wat die ISO 8601-standaard gebruik, of in baie Christelike tradisies die vyfde dag van die week; die vierde dag van die werkweek. - (Bahaïsties:) Iestiedjlaal - Sien Wikipedia vir meer inligting oor Donderdag.
<urn:uuid:212f2cee-0477-4a01-b3e8-4f85abce7904>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wiktionary.org/wiki/Donderdag
2019-07-20T17:41:48Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526560.40/warc/CC-MAIN-20190720173623-20190720195623-00274.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.994016
false
Pablo Schreiber Jump to navigation Jump to search Pablo Schreiber | | Geboortenaam | Pablo Tell Schreiber | ---|---| Geboorte | 26 April 1978 | Nasionaliteit | Amerikaans | Kinders | 2 | Beroep(e) | Akteur en vervaardiger | Aktiewe jare | 2001–nou | Internet-rolprentdatabasis-profiel | Pablo Schreiber (gebore 26 April 1978) is 'n Amerikaanse akteur en vervaardiger. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Bubble Boy (2001), 13 Hours (2016), en Den of Thieves (2018), en in die televisiereeks Orange Is the New Black (2013). Inhoud Filmografie[wysig | wysig bron] Rolprente[wysig | wysig bron] - 2001: Bubble Boy - 2003: The Mudge Boy - 2004: Invitation to a Suicide - 2008: Favorite Son - 2012: Allegiance - 2014: After - 2014: Fort Bliss - 2014: Preservation - 2016: 13 Hours - 2017: All Summers End - 2017: Traces - 2017: Big Bear - 2017: Thumper - 2018: Den of Thieves - 2018: Beast of Burden - 2019: The Devil Has a Name Televisiereekse[wysig | wysig bron] - 2011: Lights Out - 2011: A Gifted Man - 2013: Orange Is the New Black - 2013: Ironside - 2015: The Brink - 2017: American Gods Televisierolprente[wysig | wysig bron] - 2005: Into the Fire Video's[wysig | wysig bron] - 2016: Operation: 13 Hours Premiere - 2018: The Making of 'Den of Thieves'
<urn:uuid:0e98320d-0b4a-4a40-8e77-345886e8d817>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Pablo_Schreiber
2019-07-21T23:30:52Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527396.78/warc/CC-MAIN-20190721225759-20190722011759-00434.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.957171
false
Dieetkunde Van die vroegste tye af moes die mens kies wat hy wil eet. Aanvanklik het dit gegaan om watter vrugte byvoorbeeld giftig of watter vleis die geskikste is. Daama het die mens probeer vasstel watter voedingsmiddele beter vir sy liggaam is as ander. Die ontwikkeling van die chemie het dit moontlik gemaak om die samestelling van die voedingsmiddele te bepaal, en die mens het geleer om in terme van voedingstowwe, soos vette, proteïene, koolhidrate en vitamiene, te dink. Na die Eerste Wêreldoorlog is groot vordering gemaak met die vasstelling van die voedingsbehoeftes van gesonde mense. Die ondersoek is uitgebrei na die behoeftes van sekere groepe mense, byvoorbeeld swanger vroue, suigelinge, bejaardes en siekes. Inhoud Voedingsvereistes[wysig | wysig bron] Voeding is 'n noodsaaklike lewensbehoefte. Alle lewende wesens het voeding nodig virgroei, ontwikkeling en lewensaktiwiteite. Dit is dus noodsaaklik om te weet watter voedsel 'n vereiste is vir 'n gesonde liggaam en watter minder goed of skadelik is. Tekorte in die voeding kan tot ernstige gebreksiektes lei. 'n Deel van die mensdom, veral inwoners van onderontwikkelde lande, het byvoorbeeld 'n ernstig gebrek aan proteïen, wat die siekte kwasjiorkor (ernstige ondervoeding by suigelinge en kinders) veroorsaak. Ander is swaksiende weens 'n gebrek aan vitamien A, terwyl die onvoldoende inname van vitamien B1 beri-beri veroorsaak. Nog voordat werklike gebreksiektes voorkom, kan gebrekkige voeding die mens se weerstand teen siektes afbreek. In Mexiko stert byvoorbeeld baie meer kleuters aan masels as in Noord-Amerika. Dit is nie te wyte aan 'n sterker maselvirus of swakker mediese dienste nie, maar aan die swak voeding van die Mexikane. Oor die algemeen het 'n swak voedingstoestand by 'n bepaalde bevolking 'n hoe kindersterfte tot gevolg. Dieetkunde[wysig | wysig bron] Die mens bestudeer voeding maar eers sedert die begin van die 19e eeu wetenskaplik, en groot vordering op die gebied van die dieetkunde is eers sedert die Eerste Wêreldoorlog gemaak. Wat praktiese resultate betref, het die deurbraak gekom nadat 'n kommissie van die Volkebond in die dertigerjare opdrag gekry het om rigIyne te trek vir die voedingsbehoeftes van die gesonde mens. Die kommissie het die aandag gevestig op die voorkomende belang van 'n goeie voeding en enkele, eenvoudige aanbevelings gedoen oor onder meer proteïenbehoeftes, die wenslikheid of swanger vroue daagliks een liter melk moet drink en oor die inname van bykomende vitamien D in streke waar sonlig, wat belangrik is vir die vorming van die vitamien, skaars is. Tydens die Tweede Wêreldoorlog is die pionierswerk as riglyne gebruik by die opstel van voedsel rantsoene en -verspreiding. Die meeste resultate was uitstekend. Ondanks rantsoenering het die Britse bevolking byvoorbeeld 'n meer gebalanseerde voeding gekry en die volksgesondheid het aanmerklik verbeter. Bomaanvalle en ongunstige higiëniese toestande ten spyt het die sterftesyfer van Brittanje gedaal, skoolkinders het beter gegroei, minder ernstige kraamgevalle het voorgekom, die aantal doodgebore kinders het verminder, die mense het gesonder tande gehad, minder gevalle van suikersiekte, hartsiekte en maagswere het voorgekom en selfs tuberkulose het effens minder slagoffers geëis, Voedingstowwe[wysig | wysig bron] Deesdae is die samestellings van die meeste voedingsmiddele bekend en daar word eerder verwys na voedingstowwe in plaas van na voedingsmiddele, 'n Voedingstof (nutriënt) is 'n chemies definieerbare bestanddeel van 'n voedingsmiddel soos vleis, botter, groente en vrugte, wat vir die groei, instandhouding of werkverrigting van die liggaam gebruik kan word. 'n Mens kry anorganiese stowwe, soos water, sout, kalk en ander minerale voedingstowwe, en 'n aantal koolstofverbindings, soos proteïene, vette, koolhidrate en vitamiene, wat organiese voedingstowwe is. Organiese voedingstowwe is meestal van plante en diere afkomstig, proteïene word veral in vis, vleis en eiers aangetref, asook in peulvrugte. Vette kom ryklik in diervet en plantaardige olies voor. Die belangrikste koolhidrate is stysel, rietsuiker (sukrose) en melksuiker (laktose). Mits dit nie giftig is nie, maak dit nie saak van watter plant of dier die voedsel verkry word nie. Smaak en gewoonte of godsdiens is in hierdie opsig, naas die beskikbaarheid daarvan, die deurslaggewende faktor. Brandstowwe[wysig | wysig bron] In die eerste plek moet voeding genoeg energie verskaf om die verrigting van arbeid moontlik te maak. Dit sluit in uitwendige arbeid, soos loop en werk, asook inwendige werkverrigting, soos die klop van die hart en die werking van liggaamselie. Die energie word vrygestel deur die verbranding van organiese voedingstowwe in die selle, in die besonder die van vette en koolhidrate. Proteïene, alkohoi en organiese sure uit groente en vrugte kan egter ook verbrand word. Die behoefte aan energie, wat deur gewaarwordings van hanger tot uiting kom, word dikwels in kalorieë (kal) of kilokaloriea (kkal) uitgedruk (1 000 kal is 1 kkal).ln 1969 is egter besluit dat die natuurwetenskaplike terme joule (J) as energie-eenheid ook in die dieetkunde gebruik moet word. (1 kkal = 4180 J of 4,18kJ.) Die totale kaloriebehoefte van die liggaam is van talle faktore afhankIlk, byvoorbeeld van die omgewing, geslag, ouderdom, gesondheidstoestand en die tipe werk wat verrig moet word. Die minimumbehoefte is sowat 4 200 kJ (1 000 kkal) per dag, wat gelyk is aan die energieverbruik tydens rustoestand . 'n Normale volwassene het voedsel met 'n kaloriewaarde van 10000 tot 12500 kJ (2400 - 3 000 kkal) per dag nodig. Die kaloriewaarde van die voeding kan bepaal word sodra die samestelling daarvan bekend is. As maatstaf word die sogenaamde Atwaterfaktore of Atwater-getalle gebruik, waarvolgens 1 9 vet 38 kJ (9 kkal) tel en 1 9 koolhidrate of prote'iene 17 kJ (4 kkal). Boustowwe[wysig | wysig bron] Sekere stowwe is voortdurend nodig vir die opbou van die menslike liggaam. Die opbou eindig teen die 25e lewensjaar, wanneer die mens ophou groei. Tog is boustowwe hierna steeds nodig om letsels te herstel en teenliggame teen infeksies te vorm. oustowwe is egter vera! nodig omdat die liggaamselle aanhoudend hernieu word . Die belangrikste voedingstof hiervoor is water, wat meer as 60 % van die liggaam uitmaak. Aminosure, wat boustene van proteïene is, is nodig vir weefselproteïene. Vette en koolhidrate kan ook gebruik word vir die opbou van organiese liggaamsmateriaal. ln teenstelling met proteïen, waarvan die oortollige hoeveelheid verbrand word, word oortollige vette en koolhidrate as reserwevoedsel opgeberg. Die inname van te veeI proteïene word dikwels by die bevolking van ryk lande aangetref, terwyl die teenoorgestelde in arm lande gebeur. Daar word proteïene verbrand om in die energiebehoefte te voorsien en dit kan nie gebruik word vir die eintlike doel van weefselopbou nie. In sommige Afrikalande gebeur dit dat kinders ophou groei wanneer voedselskaarste heers en weer verder groei as meer kos beskikbaar is. Enkele soute is ook onontbeerlike boustowwe, byvoorbeeld kalk ('n kalsiumsout) vir die opbou van die skelet, en ystersoute, wat 'n belangrike rol speel by die vorming van rooibIoedliggaampies. Beskermende stowwe[wysig | wysig bron] Die derde groep onmisbare stowwe is absoluut noodsaaklike voedingstowwe omdat dit nie in die liggaam uit ander stowwe vervaardig kan word nie, en omdat dit beskerming bied teen 'n groot aantal siektes. Organiese stowwe van die groep is die vyftiental vitamiene, waarvan reeds klein hoeveelhede biologies aktief raak. Beskermende anorganiese stowwe is water en suurstof en sowat twintig minerale of minerale elemente, Die chemiese elemente wat in voedingsoute aangetref word, word verdeel in makro-elemente, soos kalium, natrium, kalsium , fosfor, magnesium en swael en in mikro-elemente, ook spoorelemente genoem, soos yster, jodium, fluoor, koper, mangaan, sink, molibdeen, kobalt, barium , stronsium, broom, seleen en sesium. Absoluut noodsaaklik is ook 'n aantal aminosure, wat in voldoende hoeveelhede in proteïene moet voorkom. Enkele bestanddele van vette, soos die meervoudig onversadigde vetsure, word ook as beskermende stowwe gereken omdat hulle vermoedelik die kans op hart- en bloedvatsiektes verklein. Daar bestaan egter geen sekerheid oor hulle presiese rol nie. Bestanddele[wysig | wysig bron] Goeie voeding bevat alle noodsaaklike voedingstowwe in 'n voldoende hoeveelheid en in die regte verhouding. Die vermoë om voort te plant en om gesonde kinders voort te bring, word deur goeie voeding verbeter, terwyl gesondheid en arbeidsvermoë ook kan verbeter. Dit is nie moontlik om vir elke persoon presies die beste voeding aan te beveel nie. Te veel faktore speel hier ‘n rol, soos onder meer die persoonlike en gemeenskaplike voedingsgewoontes. Wanneer minder as die minimum hoeveelheid noodsaaklike stowwe ingeneem word, word van ondervoeding gepraat. ‘n Onderskeiding kan gemaak word tussen totale ondervoeding, dit wil sê die voeding in sy geheel is onvoldoende, en gedeeltelike ondervoeding, dit wil sê daar is 'n gebrek aan een of aan enkele voedingstowwe. In hoogs ontwikkelde lande word ondervoeding en gebreksiektes nouliks aangetref. Tog kan swak eetgewoontes die gesondheidstoestand van die Iande se bevolkings benadeel. Voorbeelde hiervan is kinders wat te veel lekkernye soos skyfies en lekkers eet , mense wat soggens te haastig is om ontbyt te eet of mense wat eensydige maaltye eet waardeur tekorte aan ander voedingstowwe ontstaan (wanvoeding). Dit blyk ook dat al hoe meer mense aan oorvoeding Iy namate die welvaart in 'n land toeneem, omdat hulle te veeI voedsel eet wat ryk aan vet en suiker is. Dit lei tot oorgewig, wat die kanse vergroot van kwale soos gewrigsaandoenings, spatare, hart- en bloedvatsiektes, suikersiektes, galaandoenings en swangerskapsvergiftigings, en soms selfs die moontlikheid van kanker verhoog. Te veel suiker is nadelig vir tande en aangesien die voedingstof hoofsaaklik as brandstof vir die liggaam dien, kan dit heeltemal uit die dieet weggelaat word. Voedingstabelle[wysig | wysig bron] Die werk van dieetkundiges het daartoe gelei dat tabelle opgestel kon word wat die daaglikse behoeftes aan en die samestelling van voedingsmiddele aandui. ln die meeste lande word die opstel van voedingstabelle deur die owerhede geïnisieer. Dit is altyd beter om die eie land se voedingstabelle te gebruik, omdat die behoeftes van elke bevolking wissel weens onder meer klimaatsverskille, die beskikbaarheid van bepaalde voedingstowwe en die aard van die bevolkings se bedrywighede. In voedingstabelle word gewoonlik voedselsoorte gebruik wat plaaslik bekombaar is. ie samestelling van bepaalde produkte, soos groente en vrugte, verskil ook dikwels van die in ander lande weens klimaats- en grondverskille. Die aanbevelings in die tabelle word nie op individue gerig nie, maar op groepe soos kleuters, tieners, volwasse mans en vroue, swanger vroue en bejaardes. Dieetkundiges verskil soms in hul aanbevelings oor die voedingswaarde en nodige hoeveelhede van sekere produkte. Dit is dus noodsaaklik dat die tabelle voortdurend aangepas word namate kennis op die gebied vermeerder. Geen finale uitsluitsel oor korrekte voeding is nog gekry nie en die behoeftes van bevolkings verander ook aanhoudend namate hul lewensgewoontes verander. Verskeidenheid[wysig | wysig bron] In die praktyk bring 'n groot verskeidenheid voedselsoorte mens die naaste aan korrekte voeding. Geen enkele voedingsmiddel is 'n perfekte bron van kalorieë en 'n perfekte bron van noodsaaklike voedingstowwe nie. Tekorte in een voedingsmiddel moet dus deur 'n oormaat in 'n ander aangevul word. Dierlike proteïne in melk, vis en vie is is byvoorbeeld ryker aan noodsaaklike aminosure as plantaardige proteïene. 'n Mengsel van verskillende plantaardige proteïene kan egter wei voldoende hoeveelhede aminosure verskaf. Variasie in die voeding is ook in ander opsigte belangrik, byvoorbeeld ter wille van smaak. Sommige stowwe kan ook deur gereelde of oorvloedige gebruik 'n skadelike uitwerking hê. Spinasie bevat byvoorbeeld oksaalsuur, wat in die spyverteringskanaal met kalsium verbind tot 'n sout wat nie verteer kan word nie en die kalsiumvoorsiening versteur. Dit gebeur egter net as spinasie daagliks geëet en melkprodukte nie daarmee saam ingeneem word nie. Diëte[wysig | wysig bron] 'n Dieet is 'n voedingsvoorskrif wat bestaan uit samestellings wat medies bepaal is. Diete verskil van die normale voeding deurdat die voedsel of in 'n spesifieke vorm, byvoorbeeld vloeibaar, ingeneem moet word of deurdat een of meer voedingstowwe in kleiner of groter hoeveelhede as normaalweg aanwesig moet wees. Wanneer 'n dokter of 'n dieetkundige 'n dieet uitwerk, sal hulle probeer om dit so volwaardig as moontlik te maak en om dit by die lewensomstandighede van die pasiënt te laat aanpas. Diagnostiese dieet[wysig | wysig bron] Die dieet word gewoonlik vir 'n kort tydperk, byvoorbeeld van 3 tot 10 dae, voorgeskryf as 'n dokter wil vasstel of 'n bepaalde orgaan behoorlik funksioneer. Die diagnostiese dieet is gewoonlik baie eensydig en moet streng gevolg word, omdat die klem op 'n bepaalde voedingstof val. Dit moet ook maklik bereibaar wees sodat foute by die samestelling tydens die voorbereiding uitgesluit kan word. Die ontlasting word tydens hierdie diëte gewoonlik noukeurig ontleed. Balansstudie[wysig | wysig bron] Om diagnostiese redes kan 'n balansstudie gedoen word om vas te stel of daar 'n ewewig tussen die inname en uitskeiding is. 'n Balansstudie kan geruime tyd duur, gewoonlik tussen 8 en 70 dae, afhangende van die probleem. Gedurende 'n kort balansstudie moet die pasiënt elke dag presies dieselfde voedsel op dieselfde tyd inneem. Met balansstudies kan die werking van stowwe waaroor min nog bekend is, getoets word. Terapeutiese dieet[wysig | wysig bron] Sommige siektes, soos hart-, bloedvat- en suikersiektes, word behandel deur 'n dieet te volg . In baie gevalle strek hierdie diete oor 'n lang tydperk en soms moet die pasiënt dit selfs vir die res van sy lewe volg. Dit is dus belangrik dat die pasiënt van die belangrikheid van sy dieet oortuig word. Die dieetlys moet alle voedsel insluit wat geëet mag word en die voedselsoorte wat heeltemal verbode is, sowel as die toelaatbare hoeveelhede en die wyse waarop dit voorberei en afgewissel kan word. Deesdae bestaan daar 'n groot aantal terapeutiese diete. Die natriumbeperkte of soutarm-dieet word voorgeskryf vir onder meer te hoe bloeddruk en hart- en nierkwale. Die verslankingsdiete word gekenmerk deur die beperking van kaloriee (minder vette en koolhidrate en geen suiker nie). Daar is verskillende verslankingsdiete, soos byvoorbeeld 'n appel-, 'n piesang of 'n sjerriedieet. Daar is ook die dieet van dr. Victor Lindlahr, gebaseer op die motto "maer word deur meer te eet". Die pasiënte wat sy dieet volg, moet baie van die voedingstowwe inneem wat baie energie in die liggaam vir spysvertering gebruik. Selluloseverrykte diete is ryk aan voedselsoorte soos volkoringbrood, dadels, vye, growwe, graanprodukte en vars vrugte. Daarby moet baie vloeistof, minstens twee liter per dag, gedrink word. Vir hart- en bloedvatkwale word dikwels 'n dieet voorgeskryf wat min cholesterol bevat en ryk is aan linolsuur. Voedingsmiddels wat ryk is aan cholesterol, soos lewer, niertjies en eierdooier, word verbied, terwyl die pasient heelwat sonneblom- en mielie-olies moet inneem. Allergiediete[wysig | wysig bron] Feitlik aile voedselsoorte kan allergieë veroorsaak, maar veral melk, eiers, vis, skulp- en skaaldiere, sommige vleissoorte, spinasie, tamaties, aarbeie en sjokolade. Die allergiese reaksie daarop word bepaal deur die vorm waarin die voedselsoorte ingeneem word. Soms veroorsaak byvoorbeeld 'n rou of saggekookte eier 'n allergiese verskynsel terwyl 'n hardgekookte eier geen nagevolge inhou nie. Om die oorsaak van die allergie vas te stel, skryf dokters aanvanklik 'n baie beperkte dieet voor wat vry is van alle verdagte stowwe. As daar geen allergieë ontstaan nie, word die dieet algaande uitgebrei met "verdagte voedselsoorte" om vas te stel presies watter een die allergie veroorsaak. Dit gebeur soms dat die mens se gestel 'n sekere stof nie kan verdra nie omdat die ensiem ontbreek wat vir die stofwisseling in die liggaam verantwoordelik is. By 'n allergie vir melk ontbreek byvoorbeeld die ensiem laktase, wat verantwoordelik is vir die omsit van melksuiker, en by 'n allergie vir suiker ontbreek die ensiem sakkarase, wat verantwoordelik is vir die omsit van rietsuiker. 'n Uiteensetting van natriumbeperkte diëte, wat onder meer vir te hoë bloeddruk voorgeskryf word.
<urn:uuid:32f35584-0fa0-4c4f-823e-5bde09dd60f3>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Dieetkunde
2019-07-17T00:38:15Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525004.24/warc/CC-MAIN-20190717001433-20190717023433-00378.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999998
false
Stadsregte Stadsregte het in Europa oorspronklik na die keiserlike of vorstelike voorreg verwys waardeur aan 'n nedersetting stadstatus toegeken is. Later is die term dikwels sinoniem gebruik vir die besondere regte wat aan stadstatus verbonde is, veral in teenstelling met die reg van landelike gebiede wat deur die plaaslike heersers bepaal is. Die stadsregte wat vanaf die Middeleeue in Sentraal-Europa aan nedersettings toegeken is, het hulle oorsprong in Italiaanse voorbeelde wat by die Romeinse tradisie van stedelike selfbestuur aangesluit het. Inhoud Historiese ontwikkeling[wysig | wysig bron] Markreg[wysig | wysig bron] Die ontwikkeling van stedelike nedersettings was nou gekoppel aan die stigting van permanente handelsplekke op die basis van bepaalde voorregte: - met die sogenaamde markvrede is alle besoekers van 'n handelsplek teen enige vorm van geweldpleging beskerm; - met die markreg het aanvanklik konings, later ook ander heersers die voorreg geniet om 'n handelsplek of markstad te stig; en - onder die invloed van handelsgildes is die oorspronklike markreg uiteindelik tot 'n stelsel van regsvoorskrifte uitgebou waardeur aan die inheemse handel 'n reeks besondere voorregte verleen is soos byvoorbeeld die stapelreg: handelaars wat op hul reis deur 'n gebied 'n stad binnegekom het, was verplig om hul ware ook vir die plaaslike bewoners te koop aan te bied. Reg op versterkings, geregshowe en selfregering[wysig | wysig bron] Die reg om 'n nedersetting te versterk was oorspronklik 'n koninklike voorreg wat later ook aan ander wêreldlike en geestelike heersers toegeken is. So het in Europa talle stedelike nedersettings ontstaan wat onder gesag van konings, biskoppe of plaaslike wêreldlike heersers gestaan het. Vanaf die 13de eeu het talle stede reeds oor 'n aansienlike mate van selfregering beskik - naas die permanente markvrede en die immuniteit, wat stede geniet het, kon hulle nou ook 'n stelsel van laer geregshowe bestuur wat in die loop van die Middeleeue tot hoër howe uitgebrei is. Daarnaas is ook ander voorregte, wat deur heersers aan stede verleen is, geleidelik uitgebou tot 'n omvattende stelsel van stadsregte. Die stedelike selfregering is vanaf die 12de en 13de eeu deur stadsrade en burgemeesters waargeneem, en met die afkondiging van stedelike grondwette het die stede ook regspersoonlikhede geword. In die Heilige Romeinse Ryk is die regsstelsels van 'n aantal ouer stede soos byvoorbeeld Maagdenburg en Lübeck ook deur nuutgestigte nedersettings oorgeneem sodat 'n aantal "regsfamilies" ontstaan het wat bepaalde regte gedeel het. As "regtelike moederstede" het Maagdenburg groot invloed op stedelike nedersettings in Sentraal- en Oos-Europa uitgeoefen, Lübeck op stede in die Oosseegebied en Freiburg im Breisgau op stede in Suidwes-Duitsland. Bronne[wysig | wysig bron] - Lexikon der Weltgeschichte. Wiesbaden: Englisch 1977, bl. 353 en 490
<urn:uuid:81953819-b2ec-4752-a40d-d53659641d41>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Stadsregte
2019-07-17T00:47:02Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525004.24/warc/CC-MAIN-20190717001433-20190717023433-00378.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
1
false
Kategorie:Woorde in Afrikaans van lengte 12 Jump to navigation Jump to search Index | Bladsye in kategorie "Woorde in Afrikaans van lengte 12" Die volgende 188 bladsye is in hierdie kategorie, uit 'n totaal van 188.
<urn:uuid:e9ed3b49-5199-4772-a59e-8ad67409f6ad>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wiktionary.org/wiki/Kategorie:Woorde_in_Afrikaans_van_lengte_12
2019-07-19T12:11:21Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526237.47/warc/CC-MAIN-20190719115720-20190719141720-00138.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.993411
false
Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1921 Die Suid-Afrikaanse parlementsverkiesing van 1921 het op 8 Februarie 1921 plaasgevind. Die verkiesing was noodsaaklik na die uitreding van die Engelstalige Unionisteparty uit die kabinet van Jan Smuts. Die kombinasie van die Suid-Afrikaanse Party en die Unionisteparty (SAP-UP) het 79 setels gewen en was die grootste party. Die Afrikaner-nationalistiese Nasionale Party het ook een meer setel gewen, en 45 in totaal gewen. Die grootse verliese was deur die Arbeidersparty (-12) en onafhanklikes (-2). Smuts het dus 'n nuwe kabinet gevorm. Uitslag[wysig | wysig bron] Party | % | Setels | ---|---|---| Suid-Afrikaanse Party-Unionisteparty | 48,17% | 79 | Nasionale Party | 36,83% | 45 | Arbeidersparty | 13,82% | 9 | Onafhanklikes | 1,19% | 1 | Totaal | 100% | 134 | Nasleep[wysig | wysig bron] Die staking van blanke mynwerkers in die Witwatersrand in 1922 het die regering ernstig gediskrediteer, en die Nasionale Party en Arbeidersparty het sterk ondersteuning van armblankes gewen. Een van die leiers van die opposisie Nasionale Party, Tielman Roos, het kontak gemaak met F.H.P. Cresswell, die leier van die Arbeidersparty en onderhandelinge begin wat uiteindelik gelei het tot 'n koalisie tussen die Arbeidersparty en die Nasionale Party, die sogenaamde Pakt-regering.
<urn:uuid:8e2ed499-5245-432b-bf2b-21e1ebc8469f>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Suid-Afrikaanse_algemene_verkiesing_van_1921
2019-07-20T18:14:23Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526560.40/warc/CC-MAIN-20190720173623-20190720195623-00298.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999941
false
608 Jump to navigation Jump to search 608 | ◄ | 6de eeu | ◄7de eeu► | 8ste eeu | ► | Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal | Sien ook: Kategorie:608 | Kalenders | | Die jaar 608 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 8ste jaar van die 7de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
<urn:uuid:93891636-5a9d-4060-8559-d211a0ce5ee9>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/608
2019-07-21T23:22:05Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527396.78/warc/CC-MAIN-20190721225759-20190722011759-00458.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999969
false
Russies Jump to navigation Jump to search Inhoud Byvoeglike naamwoord | | ---|---| Predikatief | Russies | Attributief | Russiese | Partitief | Russies | Gesubstantiveer | | Enkelvoud | Meervoud | Intensiewe vorm | | - Van, betreffende die Russe. - Van, afkomstig uit, behorend tot, eie aan Rusland. - Van, betreffende die Russiese taal. Vertalings: Russies | ||| ---|---|---|---| Enkelvoud | Meervoud | ---|---| Russies | - (taal) 'n Oos-Slawiese taal met ongeveer 167 miljoen sprekers; die amptelike taal van Rusland. - ISO 639-1: ru - ISO/DIS 639-3: rus - SIL: RUS Vertalings: Russies | ||| ---|---|---|---| - Sien Wikipedia vir meer inligting oor Russies.
<urn:uuid:81068b13-57aa-4a92-b018-0481b9339a46>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wiktionary.org/wiki/Russies
2019-07-21T23:01:36Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527396.78/warc/CC-MAIN-20190721225759-20190722011759-00458.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.997645
false
Gevlekte vleikuiken Die Gevlekte vleikuiken (Sarothrura elegans) is 'n gelokaliseerde, algemene standvoël en leef in digte woudonderbos, aangrensende struikveld en dig beboste tuine. Hulle kom voor aan die suid- en ooskus van Suid-Afrika, Mpumalanga en die hooglande in Zimbabwe. Die voël is 15 – 17 cm groot en weeg 40 - 60 gram. In Engels staan die voël bekend as Buff-spotted Flufftail. Gevlekte vleikuiken | |||||||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Bewaringstatus | |||||||||||||||| Wetenskaplike klassifikasie | |||||||||||||||| Binomiale naam | |||||||||||||||| Sarothrura elegans (Smith, 1839) | Sien ookWysig BronWysig VerwysingsWysig - BirdLife International (2012). "Sarothrura elegans". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.
<urn:uuid:a1581ca6-bd11-4e17-a0eb-daad8d5a89fc>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Sarothrura_elegans
2019-07-15T19:55:20Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524111.50/warc/CC-MAIN-20190715195204-20190715221204-00242.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.991328
false
Catherine Elizabeth (Trienke) Laurie Trienke Laurie | | Geboortenaam | Catherine Elizabeth Laurie | ---|---| Geboorte | 10 Mei 1946 Kaapstad | Nasionaliteit | Suid-Afrika | Beroep | Skrywer, skilder | Eerbewyse | Ingrid Jonker-prys | Huweliksmaat | Dirk Laurie | Kind(ers) | 5 | Inhoud Lewe en werkWysig Catherine Elizabeth (Trienke) Laurie is op 10 Mei 1946 in Kaapstad gebore. Sy is die oudste kind en een van drie dogters van Diederik Johannes (D.J.) Opperman,[2] die bekende digter, en Marié van Reenen, bekende skryfster van Zoeloe-sprokies. Haar susters is Heila Marié en Diederi Joanne. Haar ma vind die naam Catherine te Engels en noem haar dus Trienke, wat daarna haar noemnaam word. Sy gaan skool aan die Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad en matrikuleer in 1963 aan die Hoërskool Bloemhof op Stellenbosch. Hierna studeer sy vanaf 1964 verder in veral kunsmetodiek aan die Universiteit van Stellenbosch,[3] waar sy 'n B.A.-graad en Onderwysdiploma behaal en haar as hoërskoolonderwyser in Afrikaans, Geskiedenis en Kuns bekwaam. In hierdie tyd vorm sy ook deel van haar pa se bekende Letterkundige Laboratorium. Sy hou 'n jaar lank skool op Vredendal, waarna sy op 21 Desember 1968 trou met Dirk Laurie, 'n huwelik waaruit vyf seuns (Henri, Diederik, Dirk Pieter, Van Reenen en Kestell) gebore word. Na die troue word sy 'n tuisteskepper en behalwe kinders grootmaak, hou sy haar besig met skilder, die gee van kunsklasse en sy skryf ook kinderverse. Die gesin woon vir vyftien jaar in Pretoria en verhuis dan na Vanderbijlpark, waar haar man hoogleraar in Wiskunde is aan die Vaaldriehoekse kampus van die Potchefstroomse Universiteit. Hier bly hulle vir sewentien jaar. Nadat die kinders groot is, begin sy in 1990 weer studeer aan die B.A. Honneurs-graad in Afrikaans en Nederlands, wat sy in 1991 met lof behaal aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys.[4] Sy is ook welbekend as skilder en het reeds verskeie uitstallings van haar kunswerke gehou. Na aftrede verhuis sy en haar man na Somerset-Wes. SkryfwerkWysig Gedurende haar skooljare begin sy reeds dig en dra onder andere verskeie kleuterverse by tot haar vader se versamelbundel “Kleuterverseboek”. Ook as student dig sy, maar begin hierdie ambag eers ernstig beoefen wanneer sy besig is met haar Honneurs-studies. Aanvanklik verskyn haar gedigte in tydskrifte soos Tydskrif vir Letterkunde. Haar debuutbundel,[5] “Skietspoel”,[6][7][8] maak indruk met die afgerondheid van die verse, waarvan die bestes handel oor die bekende dinge van ons land, soos die natuur en die mense, deurentyd met 'n sterk godsdienstige aanslag.[9] Hierin verskyn 'n breë register van temas en versvorme. Temas wat aangespreek word is Namibië en die grootsheid van die woestyn, die natuur en die aarde met sy bome, minerale en mense.[10] Die titel verwys enersyds na fotografie (waar die beste foto’s dikwels die “maklikste” lyk) en andersyds die apparaat wat in weefwerk gebruik word, wat vaardigheid, fyn afwerking en geduld vereis – so word dit dan metafoor van die poësie self. Die bundel word in sewe afdelings verdeel. Die eerste afdeling is “Namib” en bevat verse oor hierdie landstreek, met “Hans Merensky” 'n huldedig aan hierdie bekende geoloog. “Sand en steen” is die tweede afdeling, waarin veral die ontdekking van die natuur se wonders ondersoek word. “Delf” gee met fyn klankbinding 'n boeiende perspektief op die tot niet gaan van dinge en die daaropvolgende navorsing en ontleding, 'n siklus wat homself oneindiglik herhaal. “Getem” se tema is die skilder se vermoë om wilde en gevaarlike voorwerpe en natuurverskynsels in die kunswerk vas te vang en so te tem. Die afdeling “Vlerk” bevat gedigte oor vlieg en metafore daarvan, met “Die laaste skoenlapper” wat 'n gedig van Pavel Friedmann vertaal oor die laaste skoenlapper wat hy tydens die Tweede Wêreldoorlog in die Joodse interneringskamp Terezin in Tsjeggo-Slowakye gesien het. “Skollie” se speelse seksualiteit bekoor ook. Die afdeling “Inslag” bestaan hoofsaaklik uit herinneringsverse, waar sy in “Afvlerk”, opgedra aan haar pa, dig oor sy fisiese onvermoë na 'n beroerte-aanval en inspeel op sy gedig “Kanarie”. Die gedigte in “Web” trek disparate dinge soos in 'n web saam, met “Arena” wat gebaseer is op 'n gedig van Federico Garcia Lorca. “Bioom” bevat gedigte oor die ekologie en “Skering” se gedigte is meer religieus van aard. In 1999 word hierdie bundel met die Ingrid Jonker-prys bekroon.[11] Die rooi bul in “Ek sien 'n rooi bul storm”[12][13] verwys na die Engelse troepe wat in die Anglo-Boereoorlog uit die Vrystaat na die Transvaal opgeruk het. Die bundel is gebaseer op Siener van Rensburg se profesieë en veral Adriaan Snyman se boek daaroor, “Siener van Rensburg: Boodskapper van God”. Talle van Siener se voorspellings oor die oorlog word in die bundel ingewerk, asook iets van sy eie lewe en ervaringe en sy Christelik-gelowige insigte en vermaninge oor hoe om as volk en individu op te tree. Die aard van die stof bring mee dat 'n groot deel van die gedigte mededelend en verklarend van aard is, eerder as beskrywend. “Uitroep”[14][15][16][17] beslaan sewe afdelings, waarin 'n verskeidenheid van temas behandel word, soos die natuur, ander digters en kunstenaars. Daar is onder meer gedigte oor haar ma se dood, oor Namibië en oor die bekende kunstenaar van die Uilhuis op Nieu-Bethesda, Helen Martins. Die eerste afdeling is “Sossus”, met verwysing na hierdie natuurbaken in Namibië, met die gedig “Eden – Sossusomgewing” wat hierdie gebied vergelyk met die Paradys van die Bybel. “Versteende woud” beeld die geleidelike aftakeling en verstening van die woud uit met treffende beelding. Die afdeling “Uilvrou” handel oor Helen Martins, met gedigte waarin die digter die strakke beelde in woorde ewenaar. Die afdeling “Kruik van ivoor” is veral interessant omdat die digter hier vertellings van haar vader oor sy reis na Malawi en sy onvoltooide finale bundel, “Sonklong oor Afrika”, as beginpunt neem om in “verbeeldingspel” gedigte te skryf hieroor soos sy vermoed hy sou wou gedoen het. Die afdeling “Ma se laaste jare” bring in 'n aantal verse hulde aan 'n moeder wat oud en vergeetagtig is, maar steeds as leermeester probeer optree (“Trompie”). “Teenstem” bevat betrokke verse, met “Jan Afrika” ('n skuilnaam van Breyten Breytenbach) wat 'n ritueel uit sy gevangenisskap uitbeeld en “Lied van die koekoeke” wat na aard en vorm herinner aan Uys Krige se “Lied van die Fascistiese bomwerpers”. Die afdeling “Dier en ster” se temas is reeds in die titel saamgevat, met “Die sardientjie” se speelsheid en herhaling wat herinner aan die bekende Engelse volkslied “There was an old woman who swallowed a fly”. Hierdie afdeling is besonder bekoorlik weens sy ratsheid en vloei en vernuftige hoewel eenvoudige woordgebruik. Die slotafdeling “Stalagmiet” beeld kuns uit, hetsy dit deur kunstenaars of deur die natuur voortgebring word. Hierna volg “Sonskyf”,[18][19] wat uit ses afdelings bestaan met die son as deurlopende tema. In die verskillende afdelings kom onder meer die Suid-Afrikaanse natuurlewe soos verteenwoordig in die seediere, plante, voëls en diere aan die bod. Die aanbidding van die son in Antieke Egipte en argeologiese opgrawings word ook tematies ontgin. Die eerste afdeling, “Sonbesie”, bevat gedigte oor 'n aantal diere en plante. “Lens” bevat gedigte oor kunstenaars en hul werk, met “Songod” wat 'n reeks gedigte bevat oor die Egiptiese farao Achnaton. Hy was verantwoordelik vir die invoering van die monoteïstiese kultus van Aten, die stralende sonskyf, waaraan die bundel sy titel te danke het. Die sonskyf staan vir lig as lewensgewende krag. In hierdie afdeling word die son as motief in die Christelike tradisies van onder andere Franciscus ook bespreek. “Soveel onder die son” bevat gedigte oor beelde en indrukke om sodoende die merkwaardige onder die son raak te vat. Die omslae van haar digbundels bevat telkens 'n afdruk van 'n skildery van haar. Haar gedigte word in verskeie versamelbundels opgeneem, waaronder “Groot verseboek”, “Die Afrikaanse poësie in 'n duisend en enkele gedigte”, “Nuwe verset”, “Kleuterverseboek” en “Nuwe Kleuterverseboek”. “Van my Ouma 'n groet” is gemik op 9-12-jariges en bevat briefies, gediggies en prente, gerig aan die kleinkind. In gemaklike geselstrant word kennis oorgedra van wonderlike dinge soos goue wawielspinnekoppe, die buffelwewer en 'n janfrederik. Volkleurprente deur Trienke self illustreer die stories. PublikasiesWysig - 1997 - Skietspoel - 1999 – Ek sien 'n rooi bul storm - 2001 - Uitroep - 2007 – Sonskyf - 2010 - Van my ouma 'n groet Ander verwysingsWysig - Van Coller, H.P. (red.) “Perspektief en Profiel Deel 3” Van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 2006 - Fourie, Elkarien “Dirk se digterdogter” “Rooi Rose” November 1999 - Le Roux, Mari “Met debuutbundel volg Trienke in haar pa se spore” “Die Burger” 11 Junie 1997 - Facebook: https://www.facebook.com/trienke.laurie - Tempelhoff, Elise (2 Augustus 1997). "Trienke Laurie is digter uit eie reg; Sy tree in dié bundel in gesprek met haar pa". Beeld (bl. 8). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Maart 2016. - Versindaba: http://versindaba.co.za/gedigte/trienke-laurie/ - "Digter stel nuwe bundel bekend". Volksblad (bl. 9). 13 Mei 1998. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Maart 2016. VerwysingsWysig - Kannemeyer, J.C. “Die Afrikaanse literatuur 1652-2004” Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria; Eerste uitgawe 2005 - LitNet: http://www.litnet.co.za/author/trienke-laurie/ - Stellenbosch Writers: http://www.stellenboschwriters.com/lauriet.html - Nieuwoudt, Stephanie Beeld: http://22.214.171.124/argief/berigte/beeld/1999/05/28/14/15.html - Le Roux, Mari Die Burger: http://126.96.36.199/argief/berigte/dieburger/1997/06/11/18/2.html - Cloete, T.T. “Beeld” 14 Julie 1997; Hambidge, Joan “Die Burger” 11 Junie 1997 - Hambidge, Joan “Tydskrif vir Letterkunde” Jaargang 35 no. 4, Augustus 1997; Kannemeyer, J.C. “Rapport” 1 Junie 1997 - Kannemeyer, J.C. “Op weg na 2000” Tafelberg-Uitgewers Beperk Eerste uitgawe 1998 - Nieuwoudt, Stephanie “Godsdiens anker haar sê digter” “Plus” 28 Mei 1999 - Tempelhoff, Elise “Die natuur léwe in Laurie se digkuns” “Naweek-Beeld” 2 Augustus 1997 - Beeld: http://188.8.131.52/argief/berigte/beeld/1999/03/22/13/1.html - Cloete, T.T. “Rapport” 7 November 1999; Grové, A.P. “Beeld” 27 September 1999 - Hambidge, Joan Woorde wat weeg: http://joanhambidge.blogspot.co.za/2013/03/trienke-laurie-ek-sien-n-rooi-bul-storm.html - De Wet, Karen “Beeld” 8 Oktober 2001 - Esterhuizen, Louis Die Burger: http://m24arg02.naspers.com/argief/berigte/dieburger/2001/10/08/7/1.html - Malan, Lucas “Rapport” 28 Oktober 2001 - Odendaal, Bernard Volksblad: http://184.108.40.206/argief/berigte/volksblad/2001/11/19/6/4.html - Hambidge, Joan Woorde wat weeg: http://joanhambidge.blogspot.co.za/2013/02/trienke-laurie-sonskyf-2007.html - Odendaal, Bernard “Tydskrif vir Letterkunde” Jaargang 45 no. 2, Lente 2008; Viljoen, Hein “Beeld” 15 Desember 2008
<urn:uuid:96ce46a5-133d-40de-b6d3-8f7ea9e39929>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Trienke_Laurie
2019-07-15T19:54:21Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524111.50/warc/CC-MAIN-20190715195204-20190715221204-00242.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999966
false
Bespreking:Pannekoek Jump to navigation Jump to search Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Pannekoek-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. | Artikelriglyne Daaglikse bladtrekke | |
<urn:uuid:8b7c53ee-cb42-454b-bb34-816ec10da3c8>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Pannekoek
2019-07-15T20:38:37Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524111.50/warc/CC-MAIN-20190715195204-20190715221204-00242.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999989
false
Jon Huertas Jump to navigation Jump to search Jon Huertas | | Geboortenaam | Jon William Scott Hofstedt | ---|---| Geboorte | 23 Oktober 1976 | Nasionaliteit | Amerikaans | Beroep(e) | Akteur, vervaardiger, en skrywer | Internet-rolprentdatabasis-profiel | Jon Huertas (gebore 23 Oktober 1976) is 'n Amerikaanse akteur, vervaardiger, en skrywer. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprent Imprisoned en in die televisiereekse Castle (2009) en This Is Us (2016). Inhoud Filmografie[wysig | wysig bron] Rolprente[wysig | wysig bron] - 2001: Green Diggity Dog - 2006: The Insatiable - 2006: The Yardsale - 2008: The Objective - 2012: Stash House - 2013: Miss Dial - 2015: American Dreamers - 2015: Reparation - 2017: Altered Perception - Imprisoned - Inside Fighter - Santería - 4 Days in Mexico - Austin in Texas - The Last Transport Televisiereekse[wysig | wysig bron] - 1999: Search Party - 2008: Ylse - 2009: Castle - 2016: This Is Us Televisierolprente[wysig | wysig bron] - 2013: Stupid Hype - 2018: SUBmissions Video's[wysig | wysig bron] - 2007: Believers - 2012: Stash House: Behind the Scenes - 2013: Castle: Lot Cops
<urn:uuid:bccf9111-6c3a-4bcf-ac9a-4d81529f2c48>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Jon_Huertas
2019-07-17T00:58:38Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525004.24/warc/CC-MAIN-20190717001433-20190717023433-00402.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.98375
false
1770 jaar 1770 | ◄ | 17de eeu | ◄18de eeu► | 19de eeu | ► | Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal | Sien ook: Kategorie:1770 | Kalenders | | Die Tipu-paleis | | Die jaar 1770 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 70ste jaar van die 18de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. GebeureWysig EuropaWysig - 29 Januarie – Pous Clemens XIV stel Mario Compagnoni Marefoschi aan as kardinaal. - 7 Julie – Slag van Çesme: Russiese vloot verslaan die Ottomaanse vloot. - 6 Augustus – Pous Clemens XIV stel João Cosme da Cunha, aartsbiskop van Evora, aan as kardinaal. - 10 September – Pous Clemens XIV stel Scipione Borghese, titulêr aartsbiskop van Teodosia en Giovanni Battista Rezzonico, prefek van die Apostoliese Paleis aan as kardinale. - 12 Desember – Pous Clemens XIV stel Antonio Casali, goewerneur van Rome en Pasquale Acquaviva d'Aragona, president van Urbino aan as kardinale. Noord-AmerikaWysig - 5 Maart – Bostonslagting: Die gooi van sneeuballe na Britse soldate tydens 'n militêre besetting loop uit in geweld in Boston. AsiëWysig - Die Tipu-paleis in die Nandi-heuwels van Karnataka is klaar.
<urn:uuid:d88d4aea-b2fe-443b-bde6-8a29d51060e6>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/1770
2019-07-19T12:58:39Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526237.47/warc/CC-MAIN-20190719115720-20190719141720-00162.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99953
false
klip Jump to navigation Jump to search Inhoud Enkelvoud | Meervoud | ---|---| klip | klippe | - كْلِپْ , meervoud: كْلِپِی - Klein, harde massa delfstof. - Harde materiaal waaruit 'n klip of rots bestaan. - Harde gesteente van groter of kleiner omvang. - «Water uit 'n klip tap.» - Om met min die onmoontlike reg te kry.
<urn:uuid:2f01d759-024e-4d66-a641-2000fac508d1>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wiktionary.org/wiki/klip
2019-07-20T18:52:49Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526560.40/warc/CC-MAIN-20190720173623-20190720195623-00322.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.996909
false
Judo Judo (Japannees: 柔道 jūdō) is 'n sportsoort wat sy oorsprong in die Japanse vegkuns het. Die sport was in ongeveer 1882 ontwerp deur Jigoro Kano. Die woord beteken "sagte weg", waarby die woord do (weg) verwant is aan tao en naas die betekenis 'manier' ook die konnotasie van 'lewenspad' het. 'n Beoefenaar van judo word 'n judoka genoem. Judo word wêreldwyd beoefen en word sedert 1964 as 'n Olimpiese sport vir mans erken, en vanaf 1992 vir dames. Inhoud Tegniek[wysig | wysig bron] In judo word daar tussen twee hooftegnieke onderskei: - tachi-waza (staande tegniek) - ne-waza (lêende tegniek) Daarbenewens moet die judoka die tegniek van ukemi-waza (valbreek) bemeester. Die gevegstegnieke word verdeel in: - nage-waza (gooitegniek) - katame-waza (beheertegniek) Nage-waza[wysig | wysig bron] Die verskillende gooie kan as volg ingedeel word: - ashi-waza (beengooie) - goshi-waza (heupgooie) - kata-waza (skouergooie) - te-waza (armgooie, eintlik handtegnieke) - sutemi-waza (offergooie) Katame-waza[wysig | wysig bron] Die verskillende bindingstegnieke word onderverdeel in: - osae-komi-waza (hougrepe) - ude-kansetsu-waza (armklemme) - shime-waza (wurgings) Geskiedenis[wysig | wysig bron] Die Japaner Djigoro Kano (1860- 1938) is die grondlegger van moderne judo. As ʼn joejitsoe-Ieerling het hy talle inrigtings besoek waar verskeie vorme van hierdie gevegsvorm aangebied is. Ongewapende selfverdediging was destyds in Japan baie gewild omdat gewone burgers verbied is om wapens te dra. In 1882 het dr. Kano sy eie skool, - die latere Kodokan - begin, waar hy sy leerlinge in 'n gevegstegniek onderrig het wat bestaan het uit bruikbare elemente van ander gevegsvorme wat hy bestudeer het. Hierdie tegniek het hy judo genoem (ju beteken "sag" en "sonder geweld", en do "wyse" of "manier"). In die Japanse kultuur is judo en ander vegsportsoorte (wat met die versamelnaam budo aangedui word) ten nouste met godsdienstige en ander lewensopvattinge verweef. Die invloed hiervan, byvoorbeeld die teenstanders en skeidsregter wat mekaar hoflik groet en sekere ander rituele wanneer die judosaal betree word, het ook na ander lande uit gekring hoewel dit vir die Westerse sportman min betekenis het. Judotegniek[wysig | wysig bron] Judo word in ʼn judosaal (dojo) op matte wat met seil oorspan is (tatami's), beoefen. Die judobeoefenaar (judoka) dra voorgeskrewe drag (judogi) wat uit 'n kuitbroek, 'n jas (kimono) en ʼn lyfband (obi) bestaan. Die bedrewenheid in judo word in 16 grade gemeet. waarvan die eerste ses leerlinggrade (kjoe-grade) en die ander 10 meestergrade (dangrade) is. Die kleur van die Iyfband dui aan hoe ver die judoka gevorder het. Die kjoegraderings is: 1 - wit, 2 - geel, 3 - oranje, 4 - groen, 5 – blou en 6 - bruin. Die eerste 5 meestergrade word met 'n swart lyfband aangedui, die 6e, 7e en 8e met ʼn lyfband van rooi en wit blokkies en die 9e en 10e meestersgraad met ʼn rooi band. Die basiese beginsel by judo is om die teenstander in 'n staande geveg op sy rug te laat beland. Die tegnieke wat hier gebruik kan word, staan as nagè-waza bekend. Die belangrikste gooie is beengooie (asji-waza), heupgooie (kosji-waza), armgooie (te-waza), skouergooie (kata-waza) en offergooie (soetemi-waza). Die grondwerk word verdeel in hougrepe (osaè-waza), wurggrepe (sjime-waza) en armklemme (oede-kansetsoe-waza). 'n Teenstander kan slegs neergegooi word wanneer hy van balans af is, en dit word teweeggebring deur hom te trek, te stoot, 'n skynaanval te doen of om 'n aanval uit te lok. Hierby loop die aanvaller egter ook gevaar om van balans gebring te word. Judobewegings is spesiaal daarop gerig om die judoka so min moontlik van balans te laat raak. Dit bestaan uit skuifelende passies. By groot passe word die persoon maklik van balans gebring, veral op die oomblik wanneer hy sy gewig van een been na die ander oordra. Een van die grondbeginsels van judo is dat die beoefenaars moet leer om aan te voel wanneer 'n teenstander van balans is of gebring kan word. Wanneer iemand gegooi word, val hy gewoonlik min of meer op die sykant van sy rug, wat glad nie gevaarlik is nie. Die beginner se eerste reaksie is om sy val met die arm af te weer, en dit kan tot beserings lei. Hy word dus geleer om hierdie impuls te onderdruk. Min beserings kom gedurende oefeninge voor, maar by wedstryde waar baie krag aangewend word om 'n beslissing te pro beer afdwing, is beserings nie ongewoon nie. Swak plekke is die gewrigte van die tone, enkels en knieë. 'n Verkeerde val veroorsaak gewoonlik skouer- of heupkneusings. Wedstrydjudo[wysig | wysig bron] 'n Wedstryd kan deur die toekenning van een vol punt (ippon) deur die hoofskeidsregter beslis word. 'n Gooi wat nie heeltemal slaag nie, kan gewaardeer word met 'n halwe punt (waza-ari) of met 'n voordeeltegniek (waza-ari ni tjika i). As 'n wedstryd nie voordat die tyd verstreke is, deur 'n ippon of deur twee waza-ari beeïndig word nie, wys die hoofskeidsregter die wenner aan nadat hy met die twee hulpskeidsregters beraadslaag het. Een waza-ari of een waza-ari ni tjikai is voldoende vir 'n oorwinning op beslissing (joesei-gatji). As nie een daarvan tydens die wedstryd toegeken is nie, word die aantal duidelik waarneembare balansversteurings, die tegnieke wat gebruik is of waarskuwings en teregwysings in aanmerking geneem. By spanwedstryde met 5 judoki uit elke gewigsklas, tel elke oorwinning nie ewe veel nie, en die individuele wedstryde eindig ook dikwels onbeslis (hiki-wake). 'n Ippon en waza-ari kan ook in die grondgevegte (katame-waza) behaal word. Die skeidsregter ken ʼn ippon toe wanneer die teen stander 30 sekondes lank in 'n hougreep is. As die hougreep net 25 sekondes duur, word 'n waza-ari toegeken. 'n Grondgeveg kan ook beeïndig word wanneer 'n deelnemer hom oorgee. Dit word aangedui deurdat hy "maitta" roep of hy twee keer met die hand of die voet teen die vloer of sy liggaam tik. 'n Deelnemer gee gewoonlik oor wanneer hy in ʼn wurggreep of 'n armklem beland. 'n Wurggreep kan die asemhaling of bloedtoevoer of albei tydelik afsny. Armklemme kan die elmbooggewrig verdraai. Op papier klink dit egter gevaarliker as wat dit in werklikheid is. Selfs by wedstryde kom beserings tydens die grondgeveg net selde voor. Dit is 'n wanopvatting dat krag by judo oorbodig is. Met goeie tegniek en vaardigheid kan daar wei vir ʼn tekort aan krag vergoed word, maar tydens wedstryde gee krag en uithouvermoë die deurslag wanneer albei teenstanders byvoorbeeld ewe bedrewe in die tegniek is. Oefeninge in hierdie opsig is vir die topsportman dan ook baie belangrik. Wanneer judo as 'n ontspanningssport en ter wille van liggaamsontwikkeling beoefen word, is krag egter van min belang. Judo is 'n baie goeie sport vir liggaamsontwikkeling omdat alle spiere ewe veel oefening kry. Judo in Suid-Afrika[wysig | wysig bron] Judo is reeds in 1931 deur prof. Jack Robinson in Suid-Afrika bekend gestel, maar het - net soos in die meeste ander Westerse lande - eers na die Tweede Wêreldoorlog behoorlik op dreef gekom. Die beherende liggaam is die Suid-Afrikaanse Judo-unie. Suid -Afrika tel nie onder die beste judolande van die wêreld nie, maar daar word nogtans baie gedoen om die sportsoort te bevorder. Hoewel die Suid-Afrikaanse Judo-unie tans nie met die Internasionale Judo-federasie geaffilieer is nie, meet sy lede dikwels met buitelandse judoki kragte. Spanne van Israel, Malta, Wes-Duitsland. Brittanje en die VSA het Suid-Afrika al besoek, terwyl Suid-Afrikaners gereeld aan die Britse opekampioenskap deelgeneem het en ook besoeke aan Wes-Duitsland, Italië, Switserland en die VSA gebring het. Die reëls van die Internasionale Judofederasie word in Suid-Afrika toegepas, en daar word ook geprobeer am die plaaslike skeidsregters van reëlveranderings op die hoogte te hou deur oorsese skeidsregters te nooi. Verwysings[wysig | wysig bron] - Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0908409532 band Eksterne skakels[wysig | wysig bron] Olimpiese somersporte | ||| ---|---|---|---| Somerspele: Atletiek · Basketbal · Boks · Boogskiet · Driekamp · Fietsry (Bergfietsry · BMX · Bergfietsry · Pad) · Gewigoptel · Gholf · Gimnastiek (Artistiek · Ritmies · Trampolien) · Handbal · Judo · Kanovaart (Slalom · Snel) · Moderne vyfkamp · Ruitersport (Dressuur · Driefasekompetisie · Spring) · Pluimbal · Roei · Seiljagwedvaart · Sewesrugby · Skermsport · Skyfskiet · Sokker · Stoei (Grieks-Romeins · Vrystyl) · Taekwondo · Tafeltennis · Tennis · Veldhokkie · Vlugbal (Strandvlugbal) · Watersport (Gesinchroniseerde swem · Sierduik · Swem · Waterpolo) |
<urn:uuid:bdb1dc93-1f5f-4cf0-a8c6-5bfaa6e08476>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Judo
2019-07-17T01:02:38Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525004.24/warc/CC-MAIN-20190717001433-20190717023433-00426.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999983
false
Steenkoraal Steenkorale | |||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Steenkorale, geskilder deur Ernst Haeckel, 1904 | |||||||||| Wetenskaplike klassifikasie | |||||||||| Suborde | |||||||||| 35 Families | |||||||||| Sinonieme | |||||||||| Madreporaria | Steenkorale (Scleractinia) is 'n orde van seediertjies, meer bekend as korale, wat hoort tot die klas Anthozoa. Dit staan ook bekend as hardekorale en leef uitsluitlik in 'n marine omgewing en is oorvloedig in helder, vlak tropiese waters. Die diertjies in hierdie orde is verantwoordelik vir die ontstaan van koraalriwwe. Die korale wat in kolonies saamwoon is die bekendste in die orde. Bron[wysig | wysig bron] - The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3
<urn:uuid:a4c80083-8923-4c15-bbf1-b53acc981b7a>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Scleractinia
2019-07-18T07:34:54Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525524.12/warc/CC-MAIN-20190718063305-20190718085305-00026.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.995069
false
Hulp Bladsye wat na "Cocteau Twins" skakel ← Cocteau Twins Jump to navigation Jump to search Skakels hierheen Bladsy: Naamruimte: alle (Hoof) Bespreking Gebruiker Gebruikerbespreking Wikipedia Wikipediabespreking Lêer Lêerbespreking MediaWiki MediaWikibespreking Sjabloon Sjabloonbespreking Hulp Hulpbespreking Kategorie Kategoriebespreking Portaal Portaalbespreking Module Module talk Gadget Gadget talk Gadget definition Gadget definition talk Omgekeerde seleksie Filters Versteek insluitings | Versteek skakels | Versteek aansture Die volgende bladsye skakel na Cocteau Twins : Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). The Radio Dept. ( ← skakels wysig ) Shoegaze ( ← skakels wysig ) Bespreking:Cocteau Twins ( ← skakels wysig ) Droompop ( ← skakels wysig ) Boat Club ( ← skakels wysig ) Wikipedia:Statistiek ( ← skakels wysig ) Wikipedia:Statistiek/2015 ( ← skakels wysig ) Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Cocteau_Twins " Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Gereedskap Spesiale bladsye Drukbare weergawe Ander tale Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:2c1f9f5b-f019-4ef4-ab6d-38e03f4595b9>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Cocteau_Twins
2019-07-18T07:00:46Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525524.12/warc/CC-MAIN-20190718063305-20190718085305-00026.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.991287
false
Hulp Bladsye wat na "Konstantyn I van Skotland" skakel ← Konstantyn I van Skotland Jump to navigation Jump to search Skakels hierheen Bladsy: Naamruimte: alle (Hoof) Bespreking Gebruiker Gebruikerbespreking Wikipedia Wikipediabespreking Lêer Lêerbespreking MediaWiki MediaWikibespreking Sjabloon Sjabloonbespreking Hulp Hulpbespreking Kategorie Kategoriebespreking Portaal Portaalbespreking Module Module talk Gadget Gadget talk Gadget definition Gadget definition talk Omgekeerde seleksie Filters Versteek insluitings | Versteek skakels | Versteek aansture Die volgende bladsye skakel na Konstantyn I van Skotland : Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). Gebruiker:Burgert Behr/Koninklikes ( ← skakels wysig ) Lys van monarge van Skotland ( ← skakels wysig ) Donald I ( ← skakels wysig ) Áed ( ← skakels wysig ) Donald II ( ← skakels wysig ) Bespreking:Konstantyn I van Skotland ( ← skakels wysig ) Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Konstantyn_I_van_Skotland " Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Gereedskap Spesiale bladsye Drukbare weergawe Ander tale Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:900c9632-ff23-40ee-a0da-c60c9402e745>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Konstantyn_I_van_Skotland
2019-07-18T07:18:49Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525524.12/warc/CC-MAIN-20190718063305-20190718085305-00026.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.997868
false
Verpleging Verpleging is 'n beroep binne die gesondheidsorgsektor wat op die versorging van individue, gesinne en gemeenskappe fokus sodat hulle optimale gesondheid en lewenskwaliteit kan bekom, kan handhaaf of kan terugkry. Verpleërs kan op grond van hulle benadering tot pasiëntesorg, opleiding en bestek van praktyk van ander gesondheidsorgverskaffers onderskei word. Verpleegsters werk saam met dokters, terapeute, die pasiënt, die pasiënt se gesin en ander spanlede in die ontwikkeling van 'n versorgingsplan ten einde lewenskwaliteit te verbeter. Meer ervare susters, soos kliniese verpleegspesialiste en verpleegpraktisyns, kan gesondheidsprobleme diagnoseer en medikasie en ander terapieë voorskryf. Verpleegsters kan interafhanklik, byvoorbeeld saam met dokters, sowel as onafhanklik as verpleegdeskundiges werk. Inhoud Geskiedenis[wysig | wysig bron] Tradisioneel[wysig | wysig bron] Dit is die taak verpleeghistorici om bepaal of die sorg wat in die antieke tye aan siekes of beseerdes verskaf is, inderdaad verpleging was.[1] In die vyfde eeu v.C. verwys die Hippokratiese Versameling byvoorbeeld na die geskoolde sorg en observasie van pasiënte deur manlike "versorgers", wat moontlik vroeë verpleërs was. Voor die grondvesting van moderne verpleging het lede van godsdienstige ordes soos nonne en monnike verplegingstipe sorg verskaf.[2] Voorbeelde bestaan onder andere in die Christelike,[3] Islamitiese[4] en Boeddhistiese[5] tradisies. Febe wat in Romeine 16 genoem word, is in baie bronne as "die eerste besoekende verpleegster" beskryf.[6][7] Hierdie tradisies het 'n groot invloed op die ontwikkeling van die etos van moderne verpleging gehad. Die godsdienstige wortels van moderne verpleging kan vandag nog in baie lande gesien word. Gedurende die Hervorming van die 16e eeu het Protestantse hervormers die kloosters toegemaak. Die nonne wat voorheen as verpleegsters gedien het, het pensioen ontvang of is aangesê om te trou en tuis te bly.[8] Die verpleegberoep het vir ongeveer 200 jaar 'n reuse terugslag beleef.[9] 19de eeu[wysig | wysig bron] Florence Nightingale was 'n invloedryke figuur in die ontwikkeling van moderne verpleging. Sy het gedurende die Krimoorlog die grondslag van professionele verpleging gelê.[10] Haar Notes on Nursing het populêr geword, en met die stigting van die eerste verpleegskool wat aan 'n funksionerende hospitaal en mediese skool gekoppel was, het die Nightingale-verpleegmodel ná 1870 deur Europa en Noord-Amerika versprei.[11] Die formele gebruik van verpleegsters in die moderne militêre diens het in die tweede helfte van die negentiende eeu begin. Verpleegsters het in die Eerste Boere-oorlog, die Egiptiese Oorlog (1882) en die Soedannese Oorlog (1883) aktief diens gedoen. 20ste eeu[wysig | wysig bron] Hospitaalopleiding het in die vroeë 1900's die lig gesien, en daar is groot klem op praktiese ervaring geplaas. Hospitale en dokters het vroue in verpleging as 'n bron van gratis of goedkoop arbeid beskou. Die uitbuiting van verpleegsters deur werkgewers, dokters en opleidingverskaffers was nie ongewoon nie.[12] Alhoewel baie verpleegsters in die Eerste Wêreldoorlog diens gedoen het, het die beroep gedurende die Tweede Wêreldoorlog 'n transformasie ondergaan. Britse verpleegsters van die Weermag se Verpleegdiens was deel van elke oorsese veldtog.[13] Meer verpleegsters het vir diens in die Amerikaanse Weermag en Vloot as vir enige ander beroep aangemeld.[14][15] Ook die Nazi's het 40 000 verpleegsters gehad. Die moderne era het die ontwikkeling van voorgraadse en nagraadse verpleegkursusse gesien. Saam met die toenemende erkenning van verpleging as 'n akademiese dissipline het daar 'n behoefte ontstaan om 'n teoretiese basis vir die praktyk te ontwikkel.[16] Gedurende die 19e en vroeë 20ste eeu is verpleging as 'n vroueberoep beskou, nes dit gewoonlik mans was wat dokters geword het. Met toenemende verwagtings van gelykheid in die werksplek gedurende die laat 20ste eeu het verpleging amptelik 'n geslagsneutrale beroep geword. In praktyk is daar egter in die vroeë 21e eeu steeds heelwat minder mansverpleërs in vergelyking met vrouedokters.[17][18] Definisie[wysig | wysig bron] Verpleegpraktyk wissel wat onderskeie spesialiteitsgebiede sowel as verskillende lande betref, maar die Internasionale Raad van Verpleegsters verskaf hierdie omvattende definisie:[19] Verpleging omvat outonome en samewerkende versorging van individue van alle ouderdomme, families, groepe en gemeenskappe, siek of gesond en in alle situasies. Verpleging behels die bevordering van gesondheid, voorkoming van siektes en die versorging van siek, gestremde en sterwende persone. Voorspraak, bevordering van 'n veilige omgewing, navorsing, deelname aan die vorming van gesondheidsbeleide en betrokkenheid by pasiënt- en gesondheidstelselbestuur, en onderwys is ook belangrike rolle in verpleging. As 'n beroep[wysig | wysig bron] In die meeste lande word verpleegpraktyk deur wetgewing omskryf en beheer, en toetrede tot die beroep word op nasionale of provinsiale vlak gereguleer. Die doel van die verpleeggemeenskap wêreldwyd is om gehaltesorg vir alle persone te verseker terwyl verpleegsters hul sertifikate, etiekkode, standaarde en bekwaamhede volhou en hulle opleiding voortsit.[20] Daar bestaan verskeie opleidingsmoontlikhede vir persone wat hulle as professionele verpleërs wil laat kwalifiseer, en alhoewel opleiding wêreldwyd baie verskil, behels dit altyd die studie van verpleegpraktyk sowel as opleiding in kliniese vaardighede. Alle verpleegsters moet oor een of meer kwalifikasies beskik, afhangende van hulle bestek van praktyk en opleiding. Verpleegsters kan hulle persoonlike en professionele belange volg deur te enige tyd saam met enige groep mense in enige situasie te werk. Sommige verpleegsters voel hulle tuis in die meer tradisionele, algemene hospitaalopset. Ander opsies sluit in: Pediatrie, Neonataal, Kraam, Obstetrie, Ginekologie, Geriatrie, Ambulanswerk of Anestesiologie. Daar is baie ander opsies wat deur verpleegsters ondersoek kan word, afhangende van die kwalifikasie en opleiding wat vereis word. Anders as wat algemeen aanvaar word, is verpleegsters nie werklik doktersassistente nie. Dit geld in sekere situasies, maar oor die algemeen sien ons dat verpleegsters hulle pasiënte onafhanklik versorg of ander verpleegsters bystaan.[21] Verpleegsters werk amper sonder uitsondering op hulle eie of saam met ander verpleegsters. Verpleegsters sal dokters in die nood- of in trauma-eenheid bystaan waar hulp nodig is.[22] Geslagskwessies[wysig | wysig bron] Ondanks wette vir gelyke geleenthede is verpleging steeds 'n beroep wat deur vroue oorheers word.[23] Die man-vrou verhouding in verpleging is ongeveer 1:19 in Kanada en die Verenigde State. Hierdie verhouding word wêreldwyd weerspieël. Interessant genoeg is daar uitsonderings in Franssprekende Afrikalande waar daar meer manlike as vroulike verpleërs is. In Europese lande soos Spanje, Portugal, Tsjeggo-Slowakye en Italië is meer as 20% verpleërs manlik. Alhoewel daar meer vroue in die beroep is, ontvang manlike verpleërs groter salarisse. Volgens 'n opname verdien manlike verpleërs gemiddeld $60 700 per jaar en hulle vroulike eweknieë $51 100 per jaar. Teorie en proses[wysig | wysig bron] Verpleegpraktyk is die verskaffing van verpleegsorg. Verpleegsters implementeer die verpleegsorgplan aan die hand van die verpleegproses. In breë trekke is die verpleegproses die metode waarvolgens behoeftes geassesseer en gediagnoseer word, uitkomste en intervensies beplan word, intervensies uitgevoer word en die uitkomste van die versorging geëvalueer word. Bestek van aktiwiteite[wysig | wysig bron] Bystand met daaglikse leefaktiwiteite[wysig | wysig bron] Bystand met daaglikse leefaktiwiteite word vereis wanneer 'n pasiënt se mobiliteit aangetas is, soos wanneer 'n bedlêende pasiënt in die bed omgedraai moet word. Op higiëniese vlak behels dit dikwels bedwasse en hulp met urinêre en stoelgangverwydering. Medikasie[wysig | wysig bron] Verpleegsters het oor die algemeen nie die gesag om medikasie voor te skryf nie, met enkele uitsonderings. Alle medikasie wat deur verpleegsters toegedien word, moet op 'n gelisensieerde praktisyn se voorskrifvorm aangeteken wees. Pasiëntonderrig[wysig | wysig bron] Die pasiënt se gesin word dikwels by die onderrig betrek. Effektiewe pasiëntonderrig lei tot minder komplikasies en hospitaalbesoeke.[24] Vakgebiede[wysig | wysig bron] Verpleging is die mees diverse gesondheidsorgberoep. Verpleegsters praktiseer in 'n wye verskeidenheid opsette en situasies, maar oor die algemeen word verpleging op grond van pasiënte se behoeftes gekategoriseer. Die vernaamste afdelings is: - gemeenskappe/publiek - gesin/individu lewenslange sorg - volwasse-gerontologie - neonataal - vrouegesondheid/geslagsverwant - psige/geestesgesondheid Daar is ook spesialisgebiede soos kardiale verpleging, ortopediese verpleging, paliatiewe (verligtende) sorg, perioperatiewe verpleging, verloskundige verpleging, onkologiese verpleging, verpleeginformatika, televerpleging. Beroepsrisiko's[wysig | wysig bron] Daar is wêreldwyd 'n ernstige tekort aan verpleegsters.[25] Een rede hiervoor is die werksomgewing waarin verpleegsters praktiseer. In 'n onlangse studie van empiriese menslike faktore en ergonomiese literatuur spesifiek tot verpleging is daar gevind dat verpleegsters oor die algemeen in armoedige omgewingstoestande werk. In sommige lande bestaan daar wetgewing met betrekking tot aanvaarbare verpleegster-pasiënt verhoudings. Die vinnige pas en onvoorspelbare aard van gesondheidsorg stel verpleegsters bloot aan risiko's soos beserings en siektes, insluitend hoë beroepstres. Verpleging is 'n uiters spanningsvolle beroep en verpleegsters ervaar van die hoogste vlakke van beroepstres in vergelyking met ander beroepe. Hierdie stres stel verpleegsters bloot aan kort- en langtermyn gesondheidsprobleme, insluitend slaapversteurings, depressie, psigiatriese versteurings, stresverwante siektes en siektes oor die algemeen. Verpleegsters kan ook aan empatie-uitputting en morele angs ly wat hulle geestesgesondheid verder kan benadeel. Hulle het ook hoë vlakke van beroepsuitbranding (40%) en emosionele uitputting (43,2%). Uitbranding en uitputting verhoog die risiko vir siektes, mediese foute en gee aanleiding tot suboptimale sorggewing.[26] Verpleegsters is ook aan geweld en mishandeling by die werksplek blootgestel.[27] Voorvalle van geweld behels gewoonlik nie-personeel (bv. pasiënte of familie), terwyl mishandeling gewoonlik deur ander hospitaalpersoneel gepleeg word. 57% van Amerikaanse verpleegsters het in 2011 gerapporteer dat hulle by die werk gedreig is; 17% is fisiek aangeval.[26] Voorkoming[wysig | wysig bron] Daar is verskeie intervensies wat die beroepsrisiko's van verpleging kan verklein. Dit kan individu- of organisasiegefokus wees. Individugefokusde intervensies sluit streshanteringsprogramme in wat by individue aangepas kan word. Organisasiegerigte intervensies fokus op die vermindering van spanningsvolle aspekte van die werksomgewing deur spanningsvolle kenmerke te identifiseer en oplossings daarvoor te vind. Aantekeninge[wysig | wysig bron] - O'Lynn, CE (2007). "History of men in nursing: a review". In O'Lynn, CE; Tranbarger, RE. Men in Nursing: History, Challenges, and Opportunities. New York: Springer Pub. pp. 6–8. ISBN 978-0-8261-0349-9. - Bloy, M. "Florence Nightingale (1820–1910)". The Victorian Web. Besoek op 24 November 2014. - Ferngren, GB (2009). Medicine & health care in early Christianity. Baltimore: Johns Hopkins University Press. p. 121. ISBN 978-0-8018-9522-7. - Sachedina, Abdulaziz (2009). Islamic biomedical ethics: principles and application. Oxford: Oxford University Press. pp. 93–94. ISBN 978-0-19-537850-4. - de Bary, WT, ed. (2011). The Buddhist tradition in India, China & Japan (Unabridged. ed.). New York: Vintage eBooks. pp. 35–36. ISBN 978-0-307-77879-6. - Egenes, KJ (2009). "History of nursing". In Halstead, J; Roux, G. Issues and Trends in Nursing: Essential Knowledge for Today and Tomorrow. Sudbury, MA: Jones and Bartlett. p. 2. ISBN 978-0-7637-5225-5. - Striepe, JM (1992). "Reclaiming the church's healing role". Journal of Christian Nursing 10 (1): 4–7. doi:10.1097/00005217-199310010-00002. PMID 8418284. - Leonard, AE (2008). "Female religious orders". In Hsia, RP. A Companion to the Reformation World (1st paperback ed.). Oxford: Blackwell Publishers. p. 244. ISBN 978-1-4051-4962-4. - Lundy, KS (2014). "A history of health care and nursing". In Masters, K. Role Development in Professional Nursing Practice (3rd ed.). Burlington, MA: Jones & Bartlett Learning. pp. 11–12. ISBN 978-1-4496-8198-2. - Winkel, W (2009). "Florence Nightingale". Epidemiology 20 (2): 311. doi:10.1097/EDE.0b013e3181935ad6. - Quinn, Shawna M. "Agnes Warner and the Nursing Sisters of the Great War" (PDF). Goose Lane editions and the New Brunswick Military Heritage Project (2010) ISBN 978-0-86492-633-3. Besoek op 29 November 2014. - Chin, PL; Kramer, MK (2008). Integrated Theory and Knowledge Development in Nursing (7th ed.). St. Louis: Mosby Elsevier. pp. 33–34. ISBN 978-0-323-05270-2. - "QA World War Two Nursing". qaranc.co.uk. BEsoek op 31 Oktober 2011. - D'Ann Campbell, Women at War with America: Private Lives in a Patriotic Era (1984) ch 2 - Philip A. Kalisch and Beatrice J. Kalisch, American Nursing: A History (4th ed. 2003) - Alligood, MR (2013). "Introduction to nursing theory". In Alligood, MR; Tomey, AM. Nursing Theorists and their Work (7th ed.). Maryland Heights, MO: Mosby/Elsevier. pp. 5–6. ISBN 978-0-323-05641-0. - "Total Number of Professionally Active Nurses, by Gender". kff.org. Besoek op 2016-01-19. - "Distribution of Physicians by Gender". kff.org. Besoek op 2016-01-19. - International Council of Nurses Verkry Augustus 2007 - International Council of Nurses Verkry Augustus 2007 - "5 Myths about Registered Nurses – Ameritech College of Healthcare". Ameritech College of Healthcare. Verkry 2015-10-15. - "Registered Nurse (RN) Career and Job Information". careerprofiles.info. Verkry 2015-10-15. - "BM 2004;328:141–142 (17 January)" (PDF). Besoek op 2013-09-04. - Taylor, C. R., Lillis, C., LeMone, P., Lynn, P. (2011) Fundamentals of nursing: The art and science of nursing care. Philadelphia: Lippincott Williams & Wilkins, page 468. - Buchanan, J. (2002). "Global nursing shortages". BM 324 (7340): 751–2. doi:10.1136/bmj.324.7340.751. PMC 1122695. PMID 11923146. - Roberts, Rashaun; Grubb, Paula L.; Grosch, James W. (25 June 2012). "Alleviating Job Stress in Nurses". NIOSH: Workplace Safety and Health. Medscape and NIOSH. - Hartley, Dan; Ridenour, Marilyn (12 August 2013). "Free On-line Violence Prevention Training for Nurses". National Institute for Occupational Safety and Health. Besoek op 15 Januarie 2015.
<urn:uuid:5b8bc17f-ceb5-455e-8a28-567666ce0714>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Verpleegster
2019-07-18T07:08:03Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525524.12/warc/CC-MAIN-20190718063305-20190718085305-00026.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999529
false
Jamesonse vuurvinkie Die Jamesonse vuurvinkie (Lagonosticta rhodopareia) is 'n algemene standvoël en plaaslike nomade in ruigtes en grasruigtes in savanne en droë boomveld. Die voël is 11 cm groot en weeg 8 - 13 gram. Die voël is die broeigasheer vir die Witpootblouvinkie. In Engels staan die voël bekend as die Jameson's Firefinch. Jamesonse vuurvinkie | |||||||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Wyfie in die Krugerwildtuin, Suid-Afrika. | |||||||||||||||| Bewaringstatus | |||||||||||||||| Wetenskaplike klassifikasie | |||||||||||||||| Binomiale naam | |||||||||||||||| Lagonosticta rhodopareia (Heuglin, 1868) | Sien ookWysig BronWysig VerwysingsWysig - BirdLife International (2012). "Lagonosticta rhodopareia". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.
<urn:uuid:5b6dbb76-11ac-4e26-a262-77286aea35af>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Lagonosticta_rhodopareia
2019-07-19T12:39:41Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526237.47/warc/CC-MAIN-20190719115720-20190719141720-00186.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.992912
false
Marzjana Marzjana, Morana, Marzanna, Mara, Murava, Moréna of Morena is ’n Slawiese godin. Haar presiese funksie is onduidelik. Daar word meestal geglo sy is ’n godin van die oes en van towery. Haar verhouding met Mara, die godin van die dood, is onduidelik; volgens sommige bronne is hulle dieselfde godin. In die laat Middeleeue het sy in Tsjeggiese bronne ’n godin van die winter en van die dood geword. Haar naam is gebaseer op die Slawiese stam mor, wat gebruik word in woorde soos "verwarring", "gevaar", "nagmerrie", "dood" en "pes". Marzjana se rituele het waarskynlik tot in die Christelike tye oorleef as Maslenitsa, ’n fees van ses of sewe dae wat vroeg in Maart gevier word. Tydens die eerste vyf of ses dae van Maslenitsa word plat blini voorgesit wat glo die Son simboliseer. Op die laaste dag word strooipoppe, wat die winter voorstel, gemaak en aan die brand gesteek of soms "verdrink". Die "verbranding van Morena" is ’n tradisionele volksfees in Slowakye en Tsjeggië. Die "verdrinking van Marzanna is ’n tradisionele volksfees in sekere dele van Pole. Tydens dié feeste word die lente verwelkom en afskeid geneem van die winter. Jarilo en Marzjana/Morana[wysig | wysig bron] In ’n mite wat deur kenners gerekonstrueer is, is Marzjana die suster en vrou van Jarilo, die god van plantegroei en vrugbaarheid. Sy is ook die godin van die natuur en die dood. Jarilo en Marzjana is albei kinders van Peroen en is gebore in die nag van die nuwe jaar (Groot Nag). In dieselfde nag word Jarilo uit sy wiegie gesteel en na die onderwêreld geneem waar Peroen se groot vyand, Weles, hom as sy eie seun grootmaak. Op die lentefees van Jare/Jurjevo, keer Jarilo terug van die wêreld van die dooies ("van oor die see") en bring lente van die immergroen onderwêreld na die ryk van die lewendes. Hy ontmoet sy suster Marzjana en maak haar die hof. Aan die begin van die somer, op die fees wat later as Ivanje/Ivan sou bekend staan, word hul goddelike bruilof gevier. Die heilige verbintenis tussen broer en suster, kinders van die oppergod, Peroen, bring vrugbaarheid en oorvloed na die aarde en verseker ’n goeie oes. Omdat Jarilo die (aangenome) seun van Weles is en sy vrou die dogter van Peroen, bring hul huwelik vrede tussen die twee groot gode; dus verseker dit dat daar geen storms sal wees wat die oes kan verwoes nie. Ná die oes is Jarilo egter ontrou aan sy vrou en sy maak hom dood uit wraak (laat hom terugkeer na die onderwêreld). Dit laat die vyandigheid tussen Peroen en Weles weer opvlam. Sonder haar man, die god van plantegroei en vrugbaarheid, kwyn Marzjana weg – en die hele natuur saam met haar. Sy verys as simbool van die komende winter; sy verander in ’n ou, gevaarlike godin van donkerte en ryp, en sterf eindelik aan die einde van die jaar. Die hele mite sou hom elke jaar herhaal en die vertel van die sleuteldele van die verhaal het gepaard gegaan met groot jaarlikse feeste van die Slawiese kalender. Die storie wys ook talle parallelle met soortgelyke mites van die Baltiese en Hetitiese mitologie. Sien ook[wysig | wysig bron] Wikimedia Commons bevat media in verband met Category:Morana. |
<urn:uuid:b79b82ad-d279-42be-8006-df51008185e0>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Marzjana
2019-07-19T12:28:21Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526237.47/warc/CC-MAIN-20190719115720-20190719141720-00186.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
1.000005
false
人 Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek. Jump to navigation Jump to search Inhoud 1 Japannees (ja) 1.1 Selfstandige naamwoord 1.1.1 Betekenisse 1.2 Uitspraak Japannees (ja) Selfstandige naamwoord Betekenisse Persoon. Sien ook 方 Uitspraak ひと, hito On-uitspraak Kun-uitspraak ひと (hito), り (ri) じん (jin), にん (nin) Persoon. Ontsluit van " https://af.wiktionary.org/w/index.php?title=人&oldid=186181 " Kategorieë : Woorde in Japannees Karakters in Japannees Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Onlangse wysigings Lukrake woord Lukrake Afr. woord Woord begin met... Kategorieë Inligting Geselshoekie Huidige gebeure Hulp Skenkings Druk/eksporteer Skep boek Laai af as PDF Drukbare weergawe Gereedskap Skakels hierheen Verwante veranderings Laai lêer Spesiale bladsye Permanente skakel Bladinligting Haal dié blad aan Ander tale Беларуская ᏣᎳᎩ Dansk Deutsch Ελληνικά English Esperanto Español Suomi Na Vosa Vakaviti Français हिन्दी Magyar Bahasa Indonesia Ido Italiano 日本語 ភាសាខ្មែរ ಕನ್ನಡ 한국어 Кыргызча Latina Limburgs ລາວ Lietuvių Malagasy Bahasa Melayu မြန်မာဘာသာ Nederlands Norsk Polski Português Русский Slovenčina Gagana Samoa Српски / srpski Svenska தமிழ் ไทย Tagalog Türkçe Українська Oʻzbekcha/ўзбекча Tiếng Việt 粵語 中文 Bân-lâm-gú Die bladsy is laas op 17 Februarie 2018 om 06:12 bygewerk. Die teks is beskikbaar onder die lisensie Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel . Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting. Privaatheidsbeleid Inligting oor Wiktionary Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:d1bf1a70-ed16-46ff-8d04-87c3cccdb560>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wiktionary.org/wiki/%E4%BA%BA
2019-07-19T12:49:27Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526237.47/warc/CC-MAIN-20190719115720-20190719141720-00186.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.993063
false
Gan Jump to navigation Jump to search Inhoud - 1 Afrikaans (af) - 2 Duits (de) - 3 Engels (en) Enkelvoud | Meervoud | ---|---| Gan | - | - IPA: [gɑn] - گَنْ - 'n Sjinees-Tibettaanse taal met ongeveer 20,5 miljoen sprekers en een van die Sjinese taalvariante. - ISO/DIS 639-3: gan - SIL: KNN Vertalings: Gan | ||| ---|---|---|---| - Sien Wikipedia vir meer inligting oor Gan. Naamval | Enkelvoud (sonder lidwoord) | Enkelvoud (met lidwoord) | ---|---|---| Nominatief | Gan | das Gan | Genitief | Gan | des Gan | Datief | Gan | dem Gan | Akkusatief | Gan | das Gan | - IPA: [ga:n] - 'n Sjinees-Tibettaanse taal. Vertalings: Gan | ||| ---|---|---|---| Enkelvoud | Meervoud | | ---|---|---| Naamwoord | Gan | - 'n Sjinees-Tibettaanse taal. Vertalings: Gan | ||| ---|---|---|---|
<urn:uuid:5b629239-076e-484f-8c13-a58c508be527>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wiktionary.org/wiki/Gan
2019-07-19T12:25:34Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526237.47/warc/CC-MAIN-20190719115720-20190719141720-00186.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.752419
false
Kategorie:Woorde in Siciliaans Jump to navigation Jump to search Bladsye in kategorie "Woorde in Siciliaans" Die volgende 21 bladsye is in hierdie kategorie, uit 'n totaal van 21. Die volgende 21 bladsye is in hierdie kategorie, uit 'n totaal van 21.
<urn:uuid:eb305077-9eb0-4f7d-a771-9e92b6a4dfe4>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wiktionary.org/wiki/Kategorie:Woorde_in_Siciliaans
2019-07-19T12:07:43Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526237.47/warc/CC-MAIN-20190719115720-20190719141720-00186.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999481
false
duiker Jump to navigation Jump to search Inhoud Enkelvoud | Meervoud | ---|---| duiker | duikers | Verkleiningsvorm | | Enkelvoud | Meervoud | duikertjie | duikertjies | - dui•ker - 1. (soogdiere) Die gewone duiker (Sylvicapra grimmia), 'n klein wildsbokkie wat in Afrika, suid van die Sahara aangetref word. - 2. Een van die ander duikerspesies, soos die rooiduiker of blouduiker. - 3. (duik) Iemand wat duik; persoon wat 'n duik-aksie uitvoer. - 1. 'n Volwasse duiker het 'n gemiddelde massa van 12 kg en 'n hoogte van ongeveer 50 cm. Vertalings: 1. Die bok | ||| ---|---|---|---| - Sien Wikipedia vir meer inligting oor duiker.
<urn:uuid:1602c8fe-2271-4509-8cf5-e286f5b09f10>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wiktionary.org/wiki/duiker
2019-07-19T12:04:40Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526237.47/warc/CC-MAIN-20190719115720-20190719141720-00186.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999508
false
toekoms Jump to navigation Jump to search Inhoud Enkelvoud | Meervoud | ---|---| toekoms | — | - toe•koms - Die tyd wat kom; wat nog moet gebeur. - Die hede is 'n moment in tyd wat waargeneem word tussen die verlede en die toekoms. - In die toekoms sal robotte al die minder lekker werk doen. Vertalings: | ||| ---|---|---|---|
<urn:uuid:2a79dc25-f295-41d2-8340-00f785184593>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wiktionary.org/wiki/toekoms
2019-07-21T23:00:55Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527396.78/warc/CC-MAIN-20190721225759-20190722011759-00506.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999966
false
Marteling Marteling, pyniging of foltering is wanneer iemand 'n ander persoon aan pyn en lyding onderwerp. Hierdie pyn kan fisiek of geestelik van aard wees. Mense wat marteling oorleef ly dikwels aan langdurige liggaamlike of sielkundige probleme. Die doelwit wat die marteling is gewoonlik om inligting uit 'n persoon te verkry. Marteling het ook in die verlede as 'n straf gedien. Byna alle lande stem saam dat marteling 'n skending van menseregte is, soos in die Universele Verklaring van Menseregte opgeneem. Gevolglik is marteling in baie lande tot 'n misdaad verklaar. Almal stem egter nie saam oor presies wat marteling omhels nie, en wat aanvaarbaar sou wees om aan gevangenes te doen nie. Wikimedia Commons bevat media in verband met Torture. |
<urn:uuid:0fece4a8-a9a2-4b6f-84dc-fd78067090f4>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Marteling
2019-07-19T12:13:01Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526237.47/warc/CC-MAIN-20190719115720-20190719141720-00210.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999996
false
Portugal Nasionale leuse: Esta é a ditosa pátria, minha amada (Portugees vir: "Dit is my geliefde, gelukkige vaderland") | ||||| Volkslied: A Portuguesa (Portugees vir: "Die Portugese") | ||||| Hoofstad | Lissabon Grootste stad | Lissabon | |||| Amptelike tale | Portugees | |||| Regering | Unitêre semi-presidensiële grondwetlike republiek Marcelo Rebelo de Sousa António Costa | |||| Onafhanklikheid Vorming • Stigting • Herstigting • Souwereiniteit • Koninkryk • Erken • Pouslik erken • Herstel • Republiek • Redemokrasie • Huidige grondwet | 868 1095 24 Junie 1128 26 Julie 1139 5 Oktober 1143 23 Mei 1179 1 Desember 1640 5 Oktober 1910 25 April 1974 25 April 1976 | |||| Oppervlakte - Totaal - Water (%) | 92 212[1] km2 (109de) 35 603 myl2 0,5 | |||| Bevolking - 2016-skatting - 2011-sensus - Digtheid | 10 379 573[2] (83ste) 10 562 178[3] 115 / km2 (97ste) 297,8 / myl2 | |||| BBP (KKP) - Totaal - Per capita | 2018-skatting | |||| BBP (nominaal) - Totaal - Per capita | 2018-skatting | |||| MOI (2015) | 0,843[5] (41ste) – baie hoog | |||| Gini (2016) | 33,5[6] – medium | |||| Geldeenheid | Euro (€) (EUR ) Tydsone - Somertyd | WET (UTC±0) WEST (UTC+1) | |||| Internet-TLD | .pt | |||| Skakelkode | +351 | Portugal (Portugees: [puɾtuˈɣaɫ]), amptelik die Portugese Republiek (República Portuguesa, [ʁɛˈpuβlikɐ puɾtuˈɣezɐ]), is 'n demokratiese republiek geleë in die suidwestelike hoek van Europa op die Iberiese Skiereiland waarvan dit sowat 'n sesde beslaan. Portugal word begrens deur Spanje in die noorde en ooste, met 'n gemeenskaplike grens wat oor 'n afstand van sowat 1 300 km loop, en deur die Atlantiese Oseaan in die weste en suide. Wes van die hoofstad Lissabon lê Cabo da Roca, die mees westelike punt van die Europese vasteland. Ook die Asore- en Madeira-eilandgroepe maak deel uit van Portugal. Inhoud Etimologie[wysig | wysig bron] Die naam Portugal is afgelei van die nedersetting Cale in die rivierdelta van die Rio Douro. Cale is moontlik 'n Griekse woord (kalles, "mooi") en het vermoedelik na die natuurskoon in die noorde van die huidige Portugal verwys, wat in die antieke tydperk deur Grieke gekoloniseer is. Daar is egter ook geskiedkundiges wat beweer dat Cale van Fenisiese herkoms is, aangesien die eerste Fenisiese kolonies reeds voor die Griekse tydperk ontstaan het. Tydens die Middeleeue het die naam verander na Portucale en later Portugale, alhoewel dit in die 7de en 8ste eeu slegs na die noordelike geweste van Portugal verwys het, dit wil sê die gebied tussen die riviere Rio Douro en Rio Minho. Die naam Portus Cale is verder verkort tot Porto, nou die tweede grootste stad van die land, wat homself met trots as die naamgewer van Portugal beskou. Geskiedenis[wysig | wysig bron] Gedurende die laaste 3 000 jaar was die gebied van die huidige Portugal bewoon deur 'n verskeidenheid Mediterreense beskawings. Die Voor-Romeinse bewoners is later opgevolg deur Romeine, Germane en More, en almal het hul eie stempel op Portugal se kultuur, geskiedenis, taal en etniese samestelling afgedruk. In die 15de en 16de eeu was Portugal een van die wêreld se groot moondhede op ekonomiese, politieke en kulturele gebied, en sy koloniale ryk het gebiede in Afrika, Asië en Suid-Amerika ingesluit. In die laaste dekades het Portugal danksy 'n stewige ekonomiese groeikoers tot een van die wêreld se nywerheidslande ontwikkel. Portugal is 'n stigterslid van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO), die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (OESO) en die Eurosone en het daarnaas in 1955 by die Verenigde Nasies en in 1986 ook by die Europese Unie aangesluit. Geografie[wysig | wysig bron] Grensstreke[wysig | wysig bron] Spanje, wat in die loop van die geskiedenis verskeie kere die historiese rol van "aartsvyand" gespeel het, is die enigste land waarmee Portugal 'n landgrens deel. Hierdie grens het – sedert die land in die 12de eeu 'n onafhanklike koninkryk geword het – grotendeels onveranderd gebly. Die grootste deel van die grens word deur bergreekse of twee riviere (Minho in die noorde en Guadiana in die suide) gevorm. Vroeë Portugese monarge het hierdie natuurlike grens verder versterk met 'n reeks ommuurde grensnedersettings waarvan sommige op heuwelpieke ontstaan het en van die grensstreek 'n skouspelagtige natuurtoneel met mensgemaakte elemente maak. Noord-Portugal[wysig | wysig bron] Die noorde van Portugal word deur 'n relatief koel en vogtige klimaat gekenmerk en bestaan uit twee historiese provinsies of landskappe: Minho in die noord-weste, wat na die gelyknamige rivier vernoem is, is een van die mees digbevokte gebiede van die land. Sy grootste stede is Braga en Viana do Castelo. Minho is danksy die aangename klimaat 'n pragtige tuinlandskap, en die wingerde, wat teen die hellings van Minho se riviervalleie aangelê is, lewer die beroemde portwyn en Vinho Verde op. Ook verskillende soorte groente aard goed in die gebied. Minho se natuurlike flora is 'n mengsel van spesies uit die gematigde en subtropiese klimaatsones. Afhangende van die ligging bo seevlak gedy hier eike of kastaiings, denne- en olyfbome. Die gewes Trás-os-Montes (letterlik: "Agter die berge") is die bergagtige binneland van Noord-Portugal, wat deur koue winters en baie warm somers gekenmerk word. Die plantegroei raak hier steeds kariger, hoe nader 'n mens by die Spaanse grens kom. Baie riviere, waaronder die Rio Minho en Rio Douro, deursny die bergmassiewe van Minho en Trás-os-Montes. Die noorde van Portugal spog met die Nasionale Peneda-Gerêspark, die belangrikste natuurbewaringsgebied van die land. Hier vind 'n mens nog oorblyfsels van natuurlike bosse, waarin onder meer steeneike groei. Sentraal-Portugal[wysig | wysig bron] Sentraal-Portugal word deur heuwelland en berggebiede oorheers. Die Serra da Estrela-gebergte beskik selfs oor skioorde. Die belangrikste landskappe is Beira, Ribatejo (die Tejo-vlakte, wat ook die Tuin van Lissabon genoem word), Estremadura en die Tejo-monding aan die Atlantiese Oseaan. Die hele gewes is uiters vrugbaar en baie geskik vir wynbou – 'n tradisie, wat hier reeds deur die Romeine ingevoer is. Ander belangrike landbougewasse is graan, rys, sonneblomme en groente. Die Tejorivier verdeel Sentraal-Portugal in twee helftes. Oorstromings, wat in die Ribatejo vroeër gereeld voorgekom het, word nou danksy 'n groot aantal damme verhoed. Die belangrikste stede van Sentraal-Portugal is Lissabon, Aveiro, Sintra, Coimbra, Viseu, Leiria, Castelo Branco en Santarém. Suid-Portugal[wysig | wysig bron] Die suide van Portugal word in drie landskappe verdeel – Terras do Sado, Alentejo en Algarve. Suid-Portugal bestaan hoofsaaklik uit vlaktes en heuwelagtige gebiede met 'n baie droë en warm klimaat. Alentejo, wat vroeër as Portugal se belangrikste graanstreek bekend gestaan het, is tans 'n yl bevolkte gebied, wat steeds meer van sy jong mense verloor deur migrasie na stedelike sentrums. Die gebied word nou deur uitgestrekte graanlande met olywe en kurkeike oorheers. Portugal is die belangrikste verskaffer van kurk, wat uit die bas van kurkeike verkry word. Wyn en sonneblomme is die hoofsaaklike landbouprodukte. Die weivelde, wat in die lente met 'n blommeprag spog, speel 'n groot rol vir die plaaslike skaapteelt. Droogtes het in die afgelope jare tot groot verliese vir die landbousektor gelei, en die gebied ervaar 'n ernstige ekonomiese agteruitgang as gevolg hiervan. 'n Aantal damme word tans opgerig om die nypende watertekort te verlig. Alhoewel steeds meer eucalyptusbome in die suide aangeplant word, bly hierdie uitheemse plantasies omstrede, aangesien hulle baie kwesbaar is vir bosbrande. In die suidelike kusgebiede word veral dennebome aangetref en 'n aantal palmsoorte, wat behalwe vir die dwergpalm uitheems is. Algarve is Portugal se mees suidelike streek. Hierdie kusgebied het 'n belangrike internasionale toeristebestemming geword, wat met rotsagtige kuslandskappe en lang sandstrande spog. Die belangrikste stede is Portalegre, Évora, Beja, Faro en Lagos. Die belangrikste rivier in Algarve is die Rio Guadiana, wat gedeeltelik ook die grens met Spanje vorm. Die flora in die gebied, veral vetplante (sukkulente), is goed by hitte en droogtes aangepas. Eilandgroepe[wysig | wysig bron] Twee eilandgroepe in die Atlantiese Oseaan maak deel uit van Portugal: Madeira ("Houteiland", Portugees amptelik Arquipélago da Madeira) met 'n oppervlak van 795 vierkante kilometer en die Asore ("Hawikseilande", Portugees amptelik Arquipélago dos Açores) met 'n oppervlak van 2 352 vierkante kilometer is albei van vulkaniese oorsprong. Portugal se hoogste bergpiek, die vulkaankeël Montanha do Pico (2 351 meter), verrys op die Asore. Die Madeira-eilandgroep se flora word deur tropiese en subtropiese spesies gekenmerk. Klimaat[wysig | wysig bron] Portugal het 'n gematigde klimaat met matige temperatuurskommelinge – die noorde van die land het 'n seeklimaat wat deur die Golfstroom beïnvloed word, terwyl Sentraal-Portugal deur droë somers en matige winters gekenmerk word. Die winters is veral in die gebied rondom die hawestad Porto dikwels nat. Die lente begin in Februarie en is gewoonlik matig warm, en alhoewel die kwik tydens die Portugese somer duidelik styg, ervaar die land nie baie hoë temperature soos talle Spaanse geweste nie. Ten opsigte van sy gemiddelde jaarlikse temperatuur word Lissabon as die warmste stad in Europa beskou, maar vanweë die matige temperatuurskommelinge word hier geen hoë uiterstes aangeteken nie. Daarenteen staan die provinsie Alentejo vir sy hoë somer- en die Serra da Estrela vir sy sneeu en winterkoue bekend. Die Algarve-kusstreek het die meeste sonskynure in Europa, tog kan temperature in die herfs- en winterseisoen danksy die invloed van die Atlantiese Oseaan veral in die koeler nagte duidelik daal. Demografie[wysig | wysig bron] Portugal is ten opsigte van sy inheemse bevolking 'n homogene land. Portugees is die moedertaal van die oorgrote meerderheid van die inwoners, met die uitsondering van die dorpe van Miranda do Douro, waar Mirandes, 'n Asturiese dialek, as omgangstaal gebruik word. Mirandes word as minderheidstaal erken. Portugal is dekades lank deur emigrasie gekenmerk, en daar bestaan groot Portugese gemeenskappe in lande soos Frankryk en Suid-Afrika. Maar Portugal het reeds sedert die tydperk van die bevrydingsoorloë in sy voormalige kolonies 'n immigrasieland vir mense uit dié gebiede geword. Met Portugal se aansluiting by die Europese Unie en die vinnige ekonomiese groei het tienduisende immigrante uit Afrikalande soos Angola, Mosambiek en Kaap Verde, Suid-Amerika (Brasilië) en Oos-Europa (Rusland, Oekraïne en Moldowa) hulle in die land gevestig. Ekonomie[wysig | wysig bron] Portugal, tradisioneel die armste land in Wes-Europa, het sedert sy toetreding tot die Europese Gemeenskap (die voorloper van die Europese Unie) in 1986 daarin geslaag om sy ekonomie te diversifiseer. In die volgende twee dekades het Portugese regerings talle staatsondernemings geprivatiseer en sleutelbedrywe soos finansiële dienste en telekommunikasie geliberaliseer. In 1999 het die land tot die Ekonomiese en Monetêre Unie toegetree. Saam met elf ander EU-lidstate het Portugal die Europese geldeenheid Euro op 1 Januarie 2002 as wettige betaalmiddel ingevoer. Die Portugese ekonomie het gedurende die 1990's hoër groeisyfers getoon as die gemiddeld vir alle EU-lande, maar tussen 2001 en 2008 het die ekonomiese groei merkbaar afgeplat. Die wêreldwye finansiële krisis in 2008 het die Portugese ekonomie in die volgende jaar laat krimp. Tussen 2011 en 2013 is die land in 'n diep resessie gedompel nadat die regering, wat op buitelandse finansiële bystand deur die Europese Unie en die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) aangewese was, op aandrang van dié twee instellings 'n beleid van besuiniging toegepas en belasting verhoog het. Binne 'n tydsbestek van drie jaar het Portugal EU- en IMF-lenings ter waarde van €78 miljard aangegaan. Nadat Portugal die voorwaardes van die EU-IMF-reddingspakket nagekom het, het die Portugese ekonomie reeds in Mei 2014 vinnig genoeg herstel om die reddingsprogram op te skort. Stygende uitvoere en hoër besteding op privaat verbruik het met die herstelproses gehelp. Die groei van die bruto binnelandse produk (BBP) het in 2016 en 2017 versnel. Die werkloosheidsyfer was in 2017 met 9,7 persent nog relatief hoog, maar aansienlik laer as die rekordsyfer van 18 persent wat in 2013 aangeteken is. Die begrotingstekort het van 11,2 persent van die BBP in 2010 gedaal tot slegs 1,8 persent in 2017 – die laagste persentasie sedert die land se demokratiese regeringstelsel in 1974 herstel is. Die toerismesektor, 'n belangrike verskaffer van buitelandse valuta vir Portugal se toenemend diensgebaseerde ekonomie, het in 2017 met dubbelsyfers gegroei. Nogtans gaan die land gebuk onder 'n hoë skuldlas wat in 2017 op 126,4 persent van die BBP (staatskuld); 124,9 persent van die BBP vir privaat ondernemings en 74,4 persent van die BBP vir privaat huishoudings beraam is. Die buitelandse skuldlas is ewe hoog met 92,5 persent van die BBP. Sport[wysig | wysig bron] Sokker is die gewildste sportsoort in Portugal. Die Portugese nasionale sokkerspan, Seleção Nacional, het tydens die eindstryd van die Europese Sokkerkampioenskap 2016 die gasheerspan Frankryk geklop en sodoende hul eerste internasionale titel ingepalm. Daarbenewens het Portugal as naaswenner van die Europese Sokkerkampioenskap 2004 (in Portugal), derde tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1966 en vierde tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2006 geëindig. Daarbenewens geniet ander sporte soos rolhokkie, basketbal, futsal, handbal en vlugbal ook sukses en gewildheid. Die Portugese nasionale rugbyspan kon vir die Rugbywêreldbeker 2007 kwalifiseer, maar het laaste in die groepfase geëindig. Hulle ding in die Europese Nasiesbeker met ander opkomende rugbyspanne mee. Verwysings[wysig | wysig bron] - ( ) Público, "Portugal tem 92.212 quilómetros quadrados, por enquanto...". Besoek op 2 Julie 2012. - ( ) "Statistics Portugal". Ine.pt. Besoek op 3 Mei 2018. - ( ) "Portugal. Todos os Distritos". Instituto Nacional de Estatística. Besoek op 3 Mei 2018. - ( ) "Portugal". Internasionale Monetêre Fonds. Besoek op 3 Mei 2018. - ( ) "2016 Human Development Report". United Nations Development Programme. 2016. Besoek op 3 Mei 2018. - ( ) "Gini coefficient". Portugal: PORDATA. Besoek op 3 Mei 2018. - ( ) "Why Portugal is still Europe's #1 golf destination". Globalgolfermag.com. Besoek op 3 Mei 2018. - "World Golf Awards 2016: Portugal Voted the Best Golf Destination in the World". Tripwix.com. 9 Desember 2016. Besoek op 3 Mei 2018. Eksterne skakels[wysig | wysig bron] Wikimedia Commons bevat media in verband met Portugal. |
<urn:uuid:cc1547a7-b234-4b44-968f-1918cf88b67e>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Portugal
2019-07-19T12:53:10Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526237.47/warc/CC-MAIN-20190719115720-20190719141720-00210.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999921
false
Burg Jump to navigation Jump to search Inhoud Naamval | Enkelvoud | Meervoud | ---|---|---| Nominatief | Burg v | Burgen | Genitief | Burg | Burgen | Datief | Burg | Burgen | Akkusatief | Burg | Burgen | - IPA: - Standaardtaal tot 1957: Hulp:IPA: [bʊʁk] meervoud: [ˈbʊrgən](lêer) - Noord-Duitse en Middelduitse standaardtaal sedert 1957: [bʊɐ̯kʰ], meervoud: [ˈbʊɐ̯gŋ̩] - Suid-Duitse en Oostenrykse standaardtaal sedert 1957: [b̥uɐ̯g̊], meervoud: [ˈb̥uɐ̯g̊ŋ̩] - Switserduitse standaardtaal: [b̥ʊrg̊], meervoud: [ˈb̥ʊrg̊ən] - , meervoud: - Burg, 'n versterkte kasteel van 'n ridder.
<urn:uuid:9bf2092d-bad6-40d1-b04f-4d8ee3de2bc3>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wiktionary.org/wiki/Burg
2019-07-19T12:01:23Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526237.47/warc/CC-MAIN-20190719115720-20190719141720-00210.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.769063
false
Kategorie:Woorde in Yslands Jump to navigation Jump to search (vorige bladsy) (volgende bladsy) Subkategorieë Hierdie kategorie bevat die volgende 2 subkategorië, uit 'n totaal van 2. Bladsye in kategorie "Woorde in Yslands" Die volgende 200 bladsye is in hierdie kategorie, uit 'n totaal van 230. (vorige bladsy) (volgende bladsy)
<urn:uuid:7db3784a-399c-4c7c-9c2d-3640cab14b53>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wiktionary.org/wiki/Kategorie:Woorde_in_Yslands
2019-07-21T23:20:41Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527396.78/warc/CC-MAIN-20190721225759-20190722011759-00530.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.997188
false
Asterix Asterix | | Asterix en Obelix op 'n muur in Hagen (Duitsland) Skepping | | ---|---| Eerste verskyning | Asterix die Galliër (1959) | Geskep deur | René Goscinny Albert Uderzo | Inligting | | Ander name | Astérix (Gaul) | Spesie | Mens | Geslag | Manlik | Nasionaliteit | Gallië | Asterix (Frans: Astérix) is die hoofkarakter in 'n Franse strokiesprent wat in die Antieke Mediterreense wêreld afspeel. Hy is 'n kort, koddige Galliese soldaat met 'n groot geel snor. Saam met sy groot vriend Obelix sê hy telkens die Romeine[1] die stryd aan. Met die publikasie van die eerste uitgawe van die Franse tydskrif Pilote op 29 Oktober 1959 sien Asterix en sy vriende die lig. Later sou Asterix in boekvorm uitgegee word. Hierdie verhale is deur René Goscinny geskryf en deur Albert Uderzo geïllustreer. Ná die dood van Goscinny in 1977, het Uderzo met die reeks voortgegaan. Die 35ste en 36ste boeke, Asterix by die Pikte en Asterix en die Verlore Papirusrol, is deur Jean-Yves Ferri geskryf en deur Didier Conrad geïllustreer. Dit is die eerste boeke, nie uit die hande van een van die skeppers van Asterix en sy wêreld nie, wat die lig gesien het. Die 35 hoofboeke (een is 'n samestelling van kortverhale) is in meer as 'n honderd tale en dialekte vertaal. Die tale wissel van Afrikaans tot Wallies en sluit selfs Latyn en antieke Grieks in. Dié verhale is waarskynlik die gewildste Franse strokiesverhale ter wêreld, en baie bekend veral aan die Europeërs. Die sleutel tot die sukses van die boeke is dat daar humor in is vir alle ouderdomme: kinders hou van die visuele aksie, soos vuisgevegte, en volwassenes waardeer weer die intelligensie van die verwysings en woordspelings wat die teks kenmerk. (Die Afrikaanse name wat in dié artikel gebruik word, is gebaseer op die vertaalwerk van Sonya van Schalkwyk-Barrois vir die uitgewer Protea. E.P. du Plessis en Ludwig Visser se vertalings vir die uitgewer Human en Rousseau volg in hakies). Verskeie boeke is in films verwerk, waarvan sommige animasierolprente was en ander werklike akteurs gebruik het. Inhoud Hoofkarakter en agtergrond[wysig | wysig bron] Asterix is 'n klein mannetjie, vreesloos en slim, altyd reg vir 'n nuwe avontuur. Hy woon in 'n fiktiewe dorpie in noordwes-Armorika, ('n gebied van Gallië wat rofweg met die huidige Bretagne) ooreenstem. Dit is die jaar 50 v.C.. Die dorpie is die enigste deel van Gallië wat nog nie deur Julius Caesar en sy Romeinse legioene verower is nie. Die inwoners van die dorpie kry bomenslike krag wanneer hulle 'n towerdrankie drink. Dié drankie word gemaak deur die plaaslike druïde Kasterolix (in vroeëre vertalings Abracadabrix). Die dorpie word omring deur die oseaan aan die een kant, en vier ongelukkige Romeinse garnisoene (Aquarium, Skinkirum, Hiersitwarum en Casarum) aan die anderkant. Hulle doen hulle uiterse bes om 'n ogie te hou oor die Galliërs te hou. Buiten dat Asterix 'n geswore oujongkêrel is, is hy ook een van die slimstes (en mees geestesgesondes) in die dorpie. Om dié rede word hy dikwels gekies om gevaarlike, belangrike en eksotiese sendings aan te pak. Hy is, anders as die res van die dorpenaars, nie iemand wat moeilikheid soek vir die plesier daarvan nie, alhoewel hy nie omgee om te baklei as daar 'n goeie rede is nie. Hy gebruik baie selde iets anders as sy vuiste in 'n geveg. Hy verjaar op dieselfde dag as sy boesemvriend Obelix, 'n fris geboude kêrel wat weer nie omgee om die Romeine met sy vuiste 'n les te leer nie. Boonop het Obelix in die towerdoepa geval toe hy 'n klein seuntjie was. Nodeloos te sê het die drankie hom op 'n blywende manier geaffekteer. Hy is bo-menslik sterk. Asterix se helm, met vlerke wat sy gesigsuitdrukking na-aap, is 'n kenmerkende deel van sy voorkoms, terwyl Obelix se gestreepte verslankende vertikaal gestreepte broek en die menhir wat hy oral ronddra hom kop bo skouers bo die res laat uitstaan. Obelix en Asterix word dikwels vergesel deur die klein brakkie Witblix (Sonya van Schalkwyk-Barrois) (voorheen bekend as Woefix (E.P. du Plessis) of Brakmatix (Ludwig Visser). Witblix maak sy opwagting die eerste keer in Asterix en die Feesmaaltyd vanwaar hy en Obelix 'n hegte band vorm. 'n Ander belangrike karakter in die Asterix-boeke is Allamapstix (voorheen bekend as Grootkokkedorix) en sy vrou Margarien wat baie glad met die bek is. Allamaptix is die stamhoof van die dorpie waarin die ontembare Galliërs woon. Hy word gewoonlik deur twee magtige krygers op sy skild gedra. Hulle toewyding in die hantering van so 'n gewigtige saak, sorg vir dié soort pret wat Allamaptix die wêreld vanuit 'n ander hoek laat beskou. Moet ook nie van Liederlix (Kakofonix) met sy liederlike stem vergeet nie! Met sy stem, gee hy vir Drukhominneblix, die dorpie se ystersmid, genoeg rede tot besorgdheid, behalwe wanneer laasgenoemde deur Ansjovix, die vishandelaar, ge-snoek-er word. Dan is daar ook Pensionarix die oudste inwoner in die dorpie en in vele opsigte die mees progressiewe een. Humor[wysig | wysig bron] Die humor van die Asterix-strokiesverhale is tipies Frans: dit sentreer op woordspeling, karikature en satiriese tong-in-die-kies stereotipering. Voorts is daar 'n sterk band met die kultuur van die 20ste eeu. Asterix en Obelix loop oral waarheen hulle reis, mense en voorwerpe teë wat verleen is aan dié tydperk. Só word die Britte uitgebeeld as beleefd en flegmaties, of binne tipiese kulturele verband, byvoorbeeld waar hulle warm water met 'n druppeltjie melk drink (dit was nog voordat tee daardie land getref het). Voorts verwys die stories ook na belangrike kunswerke (soos byvoorbeeld Pieter Bruegel se Werkerstroue en Théodore Géricault se Die vlot van Medusa), sowel as na historiese persone (soos Napoleon Bonaparte en Koning Louis XIV van Frankryk), en befaamde plekke en standbeelde (soos Betlehem en die Vryheidstandbeeld). Aan die ander kant weerspieël die reeks die lewe in die eerste eeu voor Christus redelik akkuraat: die woonstelle in Rome word byvoorbeeld as veelvlakkig aangetoon. In Asterix die Gladiator (Protea, 2013) is dit juis hierdie stapelgeboue wat Obelix inspireer om na die Romeine as "stapelgek" te verwys. Die teks maak gereeld gebruik van egte Latynse paradigmas (in "Asterix in Brittanje, hik die dronk Romeine "hic, haec, hoc"), frases (alea jacta est "Die dobbelsteen is gegooi"), en van sinspelings na Oor die Galliese oorlog, 'n boek deur Julius Caesar oor die verowering van Gallië, insluitende grappe oor Caesar se gebruik om na homself in die derde persoon te verwys. Dié werklike boek is vir jare gebruik as 'n bekendstellingswerk aan Latyn. Woordspelings in name[wysig | wysig bron] 'n Sleutelkenmerk van die Asterix-boeke is die konstante woordspeling met name. Die name van die twee protagoniste kom van asterisk en obelisk, waar Asterix die ster van die boeke is (Latyn: aster — afgelei van die Griekse woord αστήρ (aster) [ster] en die Keltiese taal: rix [koning], 'n kognaat van die Latynse rex, Sanskritiese raj, Duitse Reich, Engelse rich, ens.), en Obelix (Latyn: obeliscus 'n [gedenknaald]) 'n menhirafleweringsman. Daar is 'n dubble woordspeling ter sprake: 'n asterisk is die tipografiese simbool waarmee die eerste voetnota op 'n bladsy aangewys word (*), en 'n obelisk kan verwys na die tipografiese dolk (†) wat gebruik word om die tweede voetnota op 'n bladsy aan te toon. Afrikaanse vertalings[wysig | wysig bron] - Human en Rousseau - Asterix die gladiator (Human & Rousseau, 1975) - Asterix en die Noormanne (Human & Rousseau, 1975) - Asterix en Cleopatra (Human & Rousseau, 1997) - Asterix en die Olimpiese Spele (Human & Rousseau, 1997) - Protea Boekhuis - Asterix die Galliër (Protea Boekhuis, 2013) - Asterix en die Goue Sekel (Protea Boekhuis, 2013) - Asterix en die Gote (Protea Boekhuis, 2013) - Asterix die Gladiator (Protea Boekhuis, 2013) - Asterix en die Feesmaaltyd (Protea Boekhuis, 2013) - Asterix en Cleopatra (Protea Boekhuis, 2013) - Asterix by die Pikte (Protea Boekhuis, 2013) - Asterix en die Groot Geveg (Protea Boekhuis, 2014) - Asterix in Brittannié (Protea Boekhuis, 2014) - Asterix en die Noormanne (Protea Boekhuis, 2015) - Asterix en die Speelplek van die gode (Protea Boekhuis, 2015) - Asterix en die Verlore Papirusrol (Protea Boekhuis, 2015) - Asterix en die Legioensoldaat (Protea Boekhuis, 2016) - Asterix en die Hoofman se skild (Protea Boekhuis, 2016) - Asterix by die Olimpiese Spele (Protea Boekhuis, 2016) - Asterix en die koperpot (Protea Boekhuis, 2017) - Asterix in Spanje (Protea Boekhuis, 2017) - Asterix en die groot moles (Protea Boekhuis, 2017) - Asterix in Helvesië (Protea Boekhuis, 2017) - Caesar se lourierkrans (Protea Boekhuis, 2018) - Asterix en die waarsêer (Protea Boekhuis, 2019) - Asterix in Korsika (Protea Boekhuis, 2019) Afrikaanse Uitgawe | Franse Uitgawe | Uitgewer | ||||| ---|---|---|---|---|---|---|---| Nr. | Titel | Jaar | Nr. | Titel | Jaar | Nr. | Naam | 1 | Asterix die Galliër | 1975, 2013 | 1 | Astérix le Gaulois | 1961 | Human Rosseau,Protea Boekhuis | | 2 | Asterix en die Goue Sekel | 2013 | 2 | La Serpe d’or | 1962 | Protea Boekhuis | | 3 | Asterix en die Gote | 2013 | 3 | Astérix et les Goths | 1963 | Protea Boekhuis | | 4 | Asterix die Gladiator | 2013 | 4 | Astérix gladiateur | 1964 | Protea Boekhuis | | 5 | Asterix en die Feesmaaltyd | 2013 | 5 | Le Tour de Gaule d’Astérix | 1965 | Protea Boekhuis | | 6 | Asterix en Cleopatra | 1997, 2013 | 6 | Astérix et Cléopâtre | 1965 | Human Rosseau, Protea Boekhuis | | 7 | Asterix en die Groot Geveg | 2013 | 7 | Le Combat des Chefs | 1966 | Protea Boekhuis | | 8 | Asterix in Brittannié | 2015 | 8 | Astérix chez les Bretons | 1966 | Protea Boekhuis | | 9 | Asterix en die Noormanne | 1975, 2015 | 9 | Astérix et les Normands | 1966 | Protea Boekhuis | | 10 | Asterix die Legioensoldaat | 2016 | 10 | Astérix légionnaire | 1967 | Protea Boekhuis | | 11 | Asterix die Hoofman se Skild | 2016 | 11 | Le Bouclier Arverne | 1968 | Protea Boekhuis | | 12 | Asterix by die Olimpiese Spele | 1997, 2016 | 12 | Astérix aux Jeux Olympiques | 1968 | Human Rosseau, Protea Boekhuis | | geen (Asterix en die Koper Ketel | 13 | Astérix et le Chaudron | 1969 | geen | ||| geen (Asterix in Spanje) | 14 | Astérix en Hispanie | 1969 | geen | ||| geen (Stryd om Asterix) | 15 | La Zizanie | 1970 | geen | ||| geen (Asterix by die Switsers) | 16 | Astérix chez les Helvètes | 1970 | geen | ||| Asterix en die Speelplek van die gode | 2015 | 17 | Le Domaine des Dieux | 1971 | ||| geen (Asterix en die Loerierblare van Caesar) | 18 | Les Lauriers de César | 1972 | geen | ||| geen (Asterix en die Siener | 19 | Le Devin | 1972 | |||| geen (Asterix in Korsika) | 20 | Astérix en Corse | 1973 | |||| geen (Asterix en die Geskenk van Caesar) | 21 | Le Cadeau de César | 1974 | |||| geen (Asterix en die groot ) | 22 | La Grande Traversée | 1975 | |||| geen (Obelix en Kie) | 23 | Obélix et compagnie | 1976 | |||| geen (Asterix by die Belge) | 24 | Astérix chez les Belges | 1979 | |||| geen (Asterix en die Groot Sloot) | 25 | Le Grand Fossé | 1980 | geen | ||| geen (Die Odisee van Asterix) | 26 | L’Odyssée d’Astérix | 1981 | geen | ||| geen (Die seun van Asterix) | 27 | Le Fils d’Astérix | 1983 | geen | ||| geen (Asterix in die Ooste) | 28 | Astérix chez Rahàzade | 1987 | geen | ||| Sjabloon:SortKey | geen (Toe Obelix as kind in die towerdrank geval het) | Sjabloon:SortKey | Comment Obélix est tombé dans la marmite du druide quand il était petit | 1989 | ||| geen (Asterix en Maestria) | 29 | La rose et la glaive | 1991 | geen | ||| geen (Asterix op Kruisvaart) | 30 | La galère d’Obélix | 1996 | geen | ||| geen | 2001 | 31 | Astérix et Latraviata | 2001 | geen | || geen | 2003 | 32 | Astérix et la rentrée gauloise | 2003 | ||| geen | 2005 | 33 | Le ciel lui tombe sur la tête | 2005 | ||| geen | 2009 | 34 | L’anniversaire d’Astérix et Obélix – Le livre d’or | 2009 | ||| 1 | Asterix by die Pikte | 2013 | 35 | Astérix chez les Pictes | 2013 | || Asterix en die verlore Papirusrol | 2015 | 36 | Le Papyrus de César | 2015 | ||| geen | 2017 | 37 | Astérix et la Transitalique | 2017 | Verwysings[wysig | wysig bron] - HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8 - ( Luminais Musée des beaux-arts. Dominique Dussol: Evariste Vital. 2002. p. 32. ) Eksterne skakels[wysig | wysig bron] Wikimedia Commons bevat media in verband met Astérix. | Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
<urn:uuid:1f433531-c4b4-4ef9-bbb6-789bc5aa0beb>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Asterix
2019-07-18T07:04:31Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525524.12/warc/CC-MAIN-20190718063305-20190718085305-00074.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999841
false
Slawerny Slawerny is 'n toestand waarin 'n mens, bekend as 'n slaaf, gedwonge en sonder vergoeding onder die beheer van 'n ander persoon werk. Die doel daarvan is omtrent altyd om die arbeid van die slaaf uit te buit. Slawe word die wettige of onwettige eiendom van hulle eienaars, en kan dus na willekeur gekoop of verkoop word. Inhoud Kulturele perspektieweWysig Volgens Aristoteles is slawerny 'n natuurlike toestand vir sommige rasse, indien nie deur instink nie, dan wel deur afkoms. In die 16de eeu het die Spanjaarde en Portugese begin om Afrika-slawe na die Amerikas te verskeep. Hierdie lande het kolonies in die tropiese klimaat van Suid- en Sentraal-Amerika begin vestig en produkte van hierdie gebiede, soos tabak, suiker, koffie, katoen en rys, na Europa en Groot-Brittanje uitgevoer. Die aanvraag na hierdie produkte het al hoe groter geword en die enigste manier hoe hulle kon met produksie voorbly, was om slawe van Afrika af in te voer. Gedurende die 1760's het slawerny sonder enige teenkanting plaasgevind. Maar tydens die 18de eeu het die regte van mense en politiek na vore begin tree en morele kwessies het aandag begin kry. Slawerny is in 1772 in Engeland onwettig verklaar. Kort ná Engeland het Skotland in 1778 slawerny ook onwettig verklaar. Slawerny in Suid-AfrikaWysig Slawerny is deel van Suid-Afrika se vroeë koloniale geskiedenis. Die eerste slaaf wat aan die Kaap aangekom het, was Abraham van Batavia. Hy het in 1653, op die skip Malacca, weggekruip en is gevang toe hy aan land gestap het. Hy was die slaaf van Cornelis Lichthart van Batavia en moes vir drie jaar in die Kaap werk voordat hy teruggestuur is na Batavia. Jan van Riebeeck het aansoek gedoen om meer slawe omdat slawe ’n goedkoper vorm van arbeid was as personeel van die kompanjie aangesien slawe nie kon aandring op ’n salaris nie. Die eerste groot groep slawe het op 28 Maart 1658 op die skip Amersfoort gearriveer. 82 slawe het in die Kaap geland en hulle was gebruik om in die lande en tuine van die te werk. Sommige slawe is oorhandig om as slawe te dien vir die amptenare van die Kompanjie. ’n Tweede groep van 148 slawe het in Mei 1658 gearriveer aan boord van die Hasselt, waarvan ’n aantal verkoop is aan die vryburgers as slawe. Alle slawe het nie slawerny aanvaar nie. Sommige slawe soos Alexander van Colombo het ontsnap uit die Kaap. Dokumente van die Hasselt toon aan hoe slawe aan die kus van Guinee verkry is. Hieruit bleik dit dat konings uit Afrika lande gedien het as middelmanne in die slawehandel. Hulle het eenvoudig mense van naburige state gevang en te koop aangebied aan slawerny skepe. Die Europeërs het nie self slawehandel in Afrika begin nie maar bloot dit uitgebuit. Slawehandel in Afrika was reeds ’n ou praktyk wat deur die Arabiere gevestig is van die 7de eeu af. Tot een derde van die bevolking van vroeë state van Islam in die westelike Soedan, was slawe. Slawehandel was die produk van Afrika leiers wat oorlog gemaak het met naburige stamme en hulle gevang en verkoop het as slawe. Slawe het ’n groot rol gespeel in die vestiging van Europeërs in die Kaap en het slawe was byvoorbeeld aangewend in die bou van die Kasteel die Goeie Hoop asook in die begin van die wynbedryf in Suid-Afrika. In 1795 is die martel van slawe deur die Britse regering verbied en in 1807 is Slawehandel deur Brittanje onwettig verklaar maar dit was steeds wettig om slawe te besit. Slawehandel het voortgeduur in die Suid-Afrikaanse kolonie. Die vrystelling van die slawe is voorafgegaan deur ’n tydperk (1816–33) van gewysigde regulasies om die lot van die slawe te verlig. Werkure is byvoorbeeld vasgepen, slawe kon eiendom besit en kinders onder tien jaar kon nie van hul ouers weggeneem en verkoop word nie. In 1833 is slawerny afgeskaf in Suid-Afrika maar slawe was verplig om ’n verdere vier jaar vir hulle eienaars te werk voordat hulle finaal hulle vryheid teruggekry het. Sien ookWysig BronneWysig Wikimedia Commons bevat media in verband met Slavery. | - Timeline:Slavery in the Cape Colony, Alistair Boddy-Evans, http://africanhistory.about.com/od/slaveryinsouthafrica/p/SlaveTimeline.htm, (9 Augustus 2009) - The Role of Islam in African Slavery, Alistair Boddy-Evans, http://africanhistory.about.com/od/slavery/a/IslamRoleSlavery01.htm, (9 Augustus 2009) - 2000, AM van Rensburg, The secret modus operandi used to obtain slaves from Guinea for the Cape: the ship Hasselt – 1658, Familia Vol 27 p. 78-90 - 2001, AM van Rensburg, cape Slavery and Madagascar, familia, Vol. 38. Bl. 186-198 - Slawerny in Suid-Afrika, http://www.mieliestronk.com/slaaf.html (9 Augustus 2009) - A history of South African slavery, http://www.sahistory.org.za/pages/governence-projects/slavery/slavery.htm, (9 Augustus 2009) - Slavery where it is practiced today, Religious tolerance.org, http://www.religioustolerance.org/sla_world.htm ( 9 Augustus 2009) - Slavery, Engelse Wikipedia, en:Slavery#Slavery in Africa, (9 Augustus 2009)
<urn:uuid:d9ba9171-329b-456d-beb1-5f1ce432eaa1>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Slawerny
2019-07-19T12:12:54Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526237.47/warc/CC-MAIN-20190719115720-20190719141720-00234.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999915
false
Geneesmiddel 'n Geneesmiddel is 'n middel wat ingeneem word om simptome van 'n siekte of geneeskundige toestand te verlig, voorkom, of die siekte of toestand te genees. Geneesmiddels word gewoonlik in drie groepe verdeel -- dié wat in gewone kruidenierswinkels beskikbaar is (bv. hoofpynpille, teensuurmiddels en vitamiene), dié wat sonder voorskrif in apteke beskikbaar is (bv. verkoue- en hoesmiddels), en dié wat slegs per doktersvoorskrif vanaf 'n apteek of geneesheer verkry kan word. Geneesmiddels wat sonder voorskrif verkrygbaar is, word gewoonlik beskou as só veilig dat 'n mens nie geskaad kan word as dit ingeneem word soos wat die aanwysings aandui nie. Inhoud Gepatenteerde versus generiese medisyne[wysig | wysig bron] Geneesmiddels word meestal deur farmaseutiese maatskappye vervaardig. Gewoonlik verkry hierdie maatskappye 'n patentreg op die produk, deurdat die maatskappy aantoon dat hy die nuwe geneesmiddel ontwikkel het. Die patentreg gee aan die maatskappy wettiglik die alleenreg om die middel te produseer en te verkoop. Gewoonlik is die patentreg slegs geldig vir 'n periode van twintig jaar nadat die middel ontwikkel is. Teen die tyd wat die patentreg verval het, word die geneesmiddel beskryf as generies, en kan enige ander maatskappy die produk vervaardig en verkoop. Teen 2001 pryse, kos dit ongeveer 4,8 miljard rand vanaf die ontwikkeling van 'n geneesmiddel tot by sy bemarking. Roete van inname[wysig | wysig bron] - Oraal (per mond) - Intramuskulêre inspuiting (binnespiers: stadige opname) - Intraveneuse inspuiting (binne-aars: onmiddellike opname) - Intraspinale inspuiting (toedien van plaaslike verdowing) - Subkutaneuse inspuiting (onderhuids: meestal entstowwe) - Rektaal - Intravaginaal - As inhalant (inaseming) - Transdermaal (absorpsie deur die vel) - As oogdruppel - As oordruppel - As neusdruppel/neussproei - Supralinguaal (smelt in die mond, met absorpsie deur die mondslymvlies) Funksie[wysig | wysig bron] Geneesmiddels kan die oorsaak van 'n siekte wegneem, die simptome verlig of slegs 'n regulerende funksie vervul. Die werking van geneesmiddels in die liggaam (die effektiwiteit, al dan nie) word deur 'n hele aantal faktore bepaal. Ten eerste mag die dosis van die geneesmiddel nie te laag of te hoog wees nie. Daarbenewens kan sommige geneesmiddels mekaar se werking versterk of teenwerk. In die liggaam kan die geneesmiddel net werk waar dit 'n reseptor ( 'n ensiem of nukleïensuur in die protoplasma of in die selmembraan) vind. Hierdie werking van die geneesmiddel kan 'n verandering in verskeie liggaamsprosesse veroorsaak. Wanneer die geneesmiddel in 'n ander stof omgesit of in die urine uitgeskei word, word die werking daarvan beëindig. Doel[wysig | wysig bron] Geneesmiddels word gebruik om siektes te genees of te voorkom. Die meeste geneesmiddels word chemies vervaardig, hoewel daar nog heel party middels is wat uit natuurlike stowwe berei word. In laasgenoemde geval word die aktiewe bestanddele van die geneesmiddel uit plante, diere, minerale, skimmels en bakterieë geïsoleer en gesuiwer. Baie min geneesmiddels kan werklik die oorsaak van 'n siekte heeltemal uit wis (kousale terapie). Dit gebeur wel met chemoterapeutiese middels en antibiotika, wat bakterieë vernietig en dus die oorsaak van die aansteeklike siekte verwyder. Baie geneesmiddels word egter gebruik om die simptome te onderdruk (simptomatiese terapie). Tussen die kousale en die simptomatiese geneesmiddels is daar 'n minder belangrike groep met 'n regulerende funksie, soos middels wat gebruik word om byvoorbeeld hoë bloeddruk en hormoonafwykings te behandel. 'n Geneesmiddel kan slegs funksioneer as dit in genoegsame hoeveelhede die plek waar dit chemies of fisies kan funksioneer, kan bereik. Die hoeveelheid van die geneesmiddel wat uiteindelik hierdie plek bereik, word deur 'n aantal faktore bepaal: die dosis, die wyse van toediening, die graad van opname in die liggaam, die metabolisme en die snelheid waarmee die geneesmiddel uiteindelik uit die liggaam uitgeskei word. Dosis en toedieningswyse[wysig | wysig bron] As die dosis te laag is, kan die geneesmiddel gewoonlik nie goed funksioneer nie. As die dosis egter te hoog is, kan dit ernstige newe-effekte tot gevolg hê (toksiese dosis). 'n Dosis wat die pasiënt se dood kan veroorsaak, word 'n fatale (noodlottige) dosis genoem. Die verband tussen die dosis wat toegedien word en die reaksie wat dit op die liggaam sal hê, kan eksperimenteel bepaal word. Die intensiteit van die reaksie wanneer die dosis verhoog word, word in 'n dosiswerkingsgrafiek aangedui. Die dosis van geneesmiddels met 'n baie steil kromme moet streng beheer word. Alle mense reageer egter nie dieselfde op 'n spesifieke geneesmiddel nie. Daarbenewens kan 'n geneesmiddel die effek van 'n ander geneesmiddel versterk of teenwerk. Die wyse waarop die geneesmiddels toegedien word, sal die middel se werkingsnelheid bepaal. Die vinnigste werking (binne enkele minute) geskied wanneer die geneesmiddel direk in 'n aar (binneaarse inspuiting) ingespuit word . As die geneesmiddel in die vorm van 'n spesiaal bereide depotmiddel in die spier ingespuit word (binnespierse inspuiting), kan die werking maande lank voortduur. Verspreiding[wysig | wysig bron] In die bloed kan die geneesmiddels in 'n vrye oplossing of in verbinding met plasmaproteïene voorkom. Die uiteindelike verspreidingsnelheid na die weefsel word bepaal deur die weefselsirkulasie, asook die deurlaatbaarheid van die haarbloedvate. Die snelheid waarmee die geneesmiddel deur die wand van die haarbloedvate dring, word deur die molekuulgewig, die oplosbaarheid in vette en die aggregasietoestand van die geneesmiddel bepaal. 'n Lae molekuulgewig en 'n hoë vetoplosbaarheid kan die deurdringingsvermoë verhoog. Geneesmiddels wat in water oplosbaar is, dring moeilik deur die haarbloedvate van die brein. Geneesmiddels wat in vet oplosbaar is, kan maklik deur hierdie versperring, bekend as die bloed-breinversperring, dring. Die deurlaatbaarheid van die plasenta met betrekking tot geneesmiddels wissel baie. Dit is egter 'n baie belangrike oorweging vir die geneesheer sowel as vir die swanger vrou, omdat sommige geneesmiddels afwykings in die embrio of die fetus kan veroorsaak. Nadat die geneesmiddel die bloedvate verlaat het, kan dit begin funksioneer op die plekke waar dit 'n reseptor teëkom. So 'n reseptor bestaan gewoonlik uit 'n groot molekule (gewoonlik 'n ensiem in die sitoplasma of in die selmembraan) waaraan die geneesmiddel gekoppel kan word . Hierdie koppeling veroorsaak 'n verandering in die sellulêre prosesse, wat daartoe lei dat die werking van die betrokke orgaan verander word. Die konsentrasie van die geneesmiddel om die reseptor, sy affiniteit vir die reseptor en die intrinsieke werking van die geneesmiddel (dit is die uitwerking ná koppeling) bepaal die uitwerking daarvan op dié vlak. Sommige stowwe koppel wel aan die reseptor maar veroorsaak geen intrinsieke werking nie. So 'n stof belemmer dus die werking van die geneesmiddel omdat dit die reseptor beset: hierdie proses staan as mededingende antagonisme bekend. Die geneesmiddel en sy antagonis (teenwerker) voer dus 'n stryd om aan die reseptorte koppel. Chemiese antagonisme kom voor wanneer die geneesmiddel en die antagonis sonder die hulp van 'n reseptor met mekaar koppel. Hulle vorm dan saam 'n onaktiewe verbinding wat geen uitwerking op die liggaam het nie. Metabolisme[wysig | wysig bron] Geneesmiddels kan in die liggaam chemies verander word . Hierdie sogenaamde biotransformasie gee dikwels daartoe aanleiding dat die geneesmiddel passief word. Die biotransformasie van geneesmiddels word hoofsaaklik deur ensiemwerking in die lewerselle veroorsaak. Omdat heel party van hierdie ensieme nie in 'n baba se liggaam voorkom nie, is hulle baie gevoelig vir geneesmiddels. Ná voortdurende gebruik van 'n geneesmiddel, word meer ensieme dikwels gevorm, wat daartoe lei dat die geneesmiddel vinniger afgebreek word en dat 'n mens dus hoër dosisse moet toedien om dieselfde effek te verkry. Die werking van 'n geneesmiddel word gewoonlik beëindig wanneer dit uit die bloed verwyder word. Die meeste geneesmiddels word dan ook deur die niere in die urine uitgeskei. Polêre geneesmiddels wat in water oplosbaar is, word direk, in hul oorspronklike vorm , uitgeskei. Apolêre geneesmiddels wat in vet oplosbaar is, moet egter eers deur biotransformasie in polêre stowwe omgesit word. Sommige van hierdie omsettingsprodukte word deur die lewer saam met die gal uitgeskei en beland so in die maagdermkanaal, waarna dit soms weer deur die bloed opgeneem word. Sommige geneesmiddels kan ook deur die melkkliere uitgeskei word . Omdat moedersmelk 'n hoër suurheidsgraad as bloedplasma het, word 'n konsentrasie van hoofsaaklik alkaliese stowwe in die melk aangetref. As die moeder dus geneesmiddels gebruik, kan dit die baba wat aan die bors voed, nadelig beïnvloed. Ongewenste newe-effekte[wysig | wysig bron] Die wangebruik van geneesmiddels kom algemeen voor. Sommige pasiënte verhoog die dosis sonder om 'n geneesheer daaroor te raadpleeg, en dit lei gewoonlik tot nadelige newe-effekte. Geneesmiddels kan ook te lank gebêre word, of dit word soms deur 'n leek by 'n ander persoon aanbeveel wanneer dit Iyk of hy dieselfde simptome het. Sommige geneesmiddels mag nie saam met alkohol ingeneem word nie, omdat dit die werking van die geneesmiddels gevaarlik kan versterk. 'n Persoon se vermoë om 'n motor te bestuur, kan ook deur die gebruik van geneesmiddels benadeel word deurdat dit duiseligheid, moegheid of motoriese afwykings kan veroorsaak. Dit kan ook gebeur dat 'n dokter middels voorskryf wat nie nodig is nie of dat 'n verkeerde kombinasie van genees middels voorgeskryf word. Die risiko dat so 'n verkeerde kombinasie voorgeskryf kan word, word vergroot wanneer 'n pasiënt verskillende dokters tegelykertyd raadpleeg. Bronnelys[wysig | wysig bron] Wêreldspektrum, Volume 8, bl.12-13, ISBN 0908409494
<urn:uuid:47a5429c-fdbe-432c-a654-551ba904c0b5>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Geneesmiddel
2019-07-19T12:30:23Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526237.47/warc/CC-MAIN-20190719115720-20190719141720-00234.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
1.000004
false
Hulp Bladsye wat na "62" skakel ← 62 Jump to navigation Jump to search Skakels hierheen Bladsy: Naamruimte: alle (Hoof) Bespreking Gebruiker Gebruikerbespreking Wikipedia Wikipediabespreking Lêer Lêerbespreking MediaWiki MediaWikibespreking Sjabloon Sjabloonbespreking Hulp Hulpbespreking Kategorie Kategoriebespreking Portaal Portaalbespreking Module Module talk Gadget Gadget talk Gadget definition Gadget definition talk Omgekeerde seleksie Filters Versteek insluitings | Versteek skakels | Versteek aansture Die volgende bladsye skakel na 62 : Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). 1ste eeu ( ← skakels wysig ) 162 ( ← skakels wysig ) 52 ( ← skakels wysig ) 57 ( ← skakels wysig ) 58 ( ← skakels wysig ) 59 ( ← skakels wysig ) 60 ( ← skakels wysig ) 61 ( ← skakels wysig ) 63 ( ← skakels wysig ) 64 ( ← skakels wysig ) 65 ( ← skakels wysig ) 66 ( ← skakels wysig ) 67 ( ← skakels wysig ) 72 ( ← skakels wysig ) Evangelie volgens Tomas ( ← skakels wysig ) Bespreking:62 ( ← skakels wysig ) Waterhond (astrologie) ( ← skakels wysig ) Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/62 " Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Gereedskap Spesiale bladsye Drukbare weergawe Ander tale Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:20ad63db-2e71-4266-90f0-a8175160063e>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/62
2019-07-19T12:45:33Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526237.47/warc/CC-MAIN-20190719115720-20190719141720-00234.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999228
false
AP kerk Ventersdorp Die gemeente was een van die eerste wat gestig is ná die ontstaan van die APK en het sy amptelike beslag gekry op 12 Julie 1987. Die huidige leraar is ds. F. de Bruin, wat ds. Armand van Zyl, voorheen van Potchefstroom, opgevolg het. Die gemeente het in 2010 206 belydende en 53 dooplidmate gehad. In 2014 was dit onderskeidelik 135 en 43 en in 2015 149 en 48.
<urn:uuid:aa170f9d-3cd1-4cf2-a68d-9a9e53becff1>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/AP_kerk_Ventersdorp
2019-07-20T18:15:38Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526560.40/warc/CC-MAIN-20190720173623-20190720195623-00394.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999962
false
Bespreking:Falkland-eilande Jump to navigation Jump to search Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Falkland-eilande-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. | Artikelriglyne Daaglikse bladtrekke | |
<urn:uuid:f78db311-72e9-4de9-89b8-33278c7ed928>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Falkland-eilande
2019-07-20T18:05:36Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526560.40/warc/CC-MAIN-20190720173623-20190720195623-00394.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999984
false
Hulp Bladsye wat na "Yttrium" skakel ← Yttrium Jump to navigation Jump to search Skakels hierheen Bladsy: Naamruimte: alle (Hoof) Bespreking Gebruiker Gebruikerbespreking Wikipedia Wikipediabespreking Lêer Lêerbespreking MediaWiki MediaWikibespreking Sjabloon Sjabloonbespreking Hulp Hulpbespreking Kategorie Kategoriebespreking Portaal Portaalbespreking Module Module talk Gadget Gadget talk Gadget definition Gadget definition talk Omgekeerde seleksie Filters Versteek insluitings | Versteek skakels | Versteek aansture Die volgende bladsye skakel na Yttrium : Wys (vorige 50 | volgende 50 ) ( 20 50 100 250 500 ). Goud ( ← skakels wysig ) Periodieke tabel ( ← skakels wysig ) Waterstof ( ← skakels wysig ) Helium ( ← skakels wysig ) Litium ( ← skakels wysig ) Berillium ( ← skakels wysig ) Boor (element) ( ← skakels wysig ) Koolstof ( ← skakels wysig ) Mangaan ( ← skakels wysig ) Stikstof ( ← skakels wysig ) Suurstof ( ← skakels wysig ) Fluoor ( ← skakels wysig ) Neon ( ← skakels wysig ) Natrium ( ← skakels wysig ) Skaal van Pauling ( ← skakels wysig ) Magnesium ( ← skakels wysig ) Aardalkalimetaal ( ← skakels wysig ) Aluminium ( ← skakels wysig ) Silikon ( ← skakels wysig ) Fosfor ( ← skakels wysig ) Chloor ( ← skakels wysig ) Argon ( ← skakels wysig ) Lys van elemente volgens naam ( ← skakels wysig ) Lys van elemente volgens simbool ( ← skakels wysig ) Lys van chemiese elemente volgens atoomgetal ( ← skakels wysig ) Kalium ( ← skakels wysig ) Kalsium ( ← skakels wysig ) Tegnesium ( ← skakels wysig ) Skandium ( ← skakels wysig ) Titaan ( ← skakels wysig ) Vanadium ( ← skakels wysig ) Chroom ( ← skakels wysig ) Yster ( ← skakels wysig ) Kobalt ( ← skakels wysig ) Nikkel ( ← skakels wysig ) Koper ( ← skakels wysig ) Sink ( ← skakels wysig ) Gallium ( ← skakels wysig ) Oorgangsmetaal ( ← skakels wysig ) Hoofgroepmetaal ( ← skakels wysig ) Elektronegatiwiteit ( ← skakels wysig ) Swawel ( ← skakels wysig ) Germanium ( ← skakels wysig ) Arseen ( ← skakels wysig ) Seleen ( ← skakels wysig ) Broom ( ← skakels wysig ) Kripton ( ← skakels wysig ) Rubidium ( ← skakels wysig ) Xenon ( ← skakels wysig ) Polonium ( ← skakels wysig ) Wys (vorige 50 | volgende 50 ) ( 20 50 100 250 500 ). Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Yttrium " Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Gereedskap Spesiale bladsye Drukbare weergawe Ander tale Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:dd4d21bf-cd91-481f-bdd1-7d7b1965f659>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Yttrium
2019-07-20T18:40:37Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526560.40/warc/CC-MAIN-20190720173623-20190720195623-00394.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999227
false
butter Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek. Jump to navigation Jump to search Engels (en) Enkelvoud Meervoud Naamwoord butter Uitspraak IPA : Suid-Afrikaans: [ ˈbatə ] Brits: [ ˈbʌtə ] Amerikaans: [ ˈbəɾɚ ] Betekenisse Botter Ontsluit van " https://af.wiktionary.org/w/index.php?title=butter&oldid=190990 " Kategorieë : Woorde in Engels Selfstandige naamwoorde in Engels Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Onlangse wysigings Lukrake woord Lukrake Afr. woord Woord begin met... Kategorieë Inligting Geselshoekie Huidige gebeure Hulp Skenkings Druk/eksporteer Skep boek Laai af as PDF Drukbare weergawe Gereedskap Skakels hierheen Verwante veranderings Laai lêer Spesiale bladsye Permanente skakel Bladinligting Haal dié blad aan Ander tale العربية Brezhoneg Català ᏣᎳᎩ Čeština Cymraeg Dansk Deutsch Ελληνικά English Esperanto Español Eesti Euskara فارسی Suomi Na Vosa Vakaviti Français Gaeilge Galego Gaelg Magyar Հայերեն Interlingua Ido Íslenska Italiano 日本語 Қазақша ಕನ್ನಡ 한국어 Kurdî Kernowek Кыргызча Lëtzebuergesch Limburgs ລາວ Latviešu Malagasy Македонски മലയാളം Монгол Malti မြန်မာဘာသာ Plattdüütsch Nederlands Norsk Occitan Polski Português Русский संस्कृतम् Simple English Slovenčina Gagana Samoa Српски / srpski Svenska Kiswahili தமிழ் తెలుగు Тоҷикӣ ไทย Türkçe Українська اردو Oʻzbekcha/ўзбекча Vèneto Tiếng Việt Volapük Walon 中文 Die bladsy is laas op 17 Februarie 2018 om 07:55 bygewerk. Die teks is beskikbaar onder die lisensie Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel . Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting. Privaatheidsbeleid Inligting oor Wiktionary Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:5894bf9d-02b3-4b34-abd8-3a2312dca6ea>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wiktionary.org/wiki/butter
2019-07-21T23:12:17Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527396.78/warc/CC-MAIN-20190721225759-20190722011759-00554.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.983749
false
Gebruiker:Oratile Nonhlanhla Jump to navigation Jump to search Thando Mdluli | | Foto van Thando Mdluli Webblad | www.twitter.com/thandosihlemd | ---| Thando Mdluli (gebore 10 November 2005) is 'n Suid-Afrikaanse skolesokkerspeler wat in die middelveld speel. Hy is ook 'n videomaker op YouTube. Artikels wat ek geskep het[wysig | wysig bron] Artikel | Tipe | ---|---| Twitch | Internetmaatskappy | WordPress | Webbladontwerper | Xavi Simons | Sokkerspeler | Philippe Coutinho | Sokkerspeler | (Moenie oor jouself skryf nie!) |
<urn:uuid:1f588af5-1b57-4659-9e3e-eee78bc3b1c4>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Gebruiker:Oratile_Nonhlanhla
2019-07-23T07:50:55Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529007.88/warc/CC-MAIN-20190723064353-20190723090353-00154.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.989063
false
Dubbelbanddrawwertjie Die Dubbelbanddrawwertjie (Rhinoptilus africanus) is 'n voëlspesie in die Glareolidae familie. Dit word soms geklassifiseer as die enigste lid van die genus Smutsornis as Smutsornis africanus en word aangestref in Angola, Botswana, Ethiopië, Kenia, Namibië, Somalië, Suid-Afrika, Tanzanië en Zimbabwe.[1] Die voël staan in Engels bekend as die Double-banded Courser. Dubbelbanddrawwertjie | |||||||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Bewaringstatus | |||||||||||||||| Wetenskaplike klassifikasie | |||||||||||||||| Binomiale naam | |||||||||||||||| Rhinoptilus africanus (Temminck, 1807) | Inhoud IdentifikasieWysig Die voël is 20 tot 24 cm lank en weeg 70 tot 100g. Dit het 'n vlerkspan van 45 cm. Die voël is witterrig met twee smal swart bande oor die bors, vandaar die naam. Daar is 'n prominente roomkleurige streep deurr die oë. Die rug is donker en geskub en die vlekdekvere het breë roomgeel rande. Dit is 'n redelike algemene standvoël en plaaslike nomade van halfdorre en woestynvlaktes.
<urn:uuid:6a188adc-f0a3-438f-b800-ec7e4504d780>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Dubbelbanddrawwertjie
2019-07-15T20:05:32Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524111.50/warc/CC-MAIN-20190715195204-20190715221204-00338.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998554
false
Hugenote-kollege Die Hugenote-kollege (1896–1950) op Wellington in die Wes-Kaap was die opvolger van die Hugenote-seminarie wat in 1874 gestig is deur die Amerikanse opvoedkundiges mes. Anna Bliss en Abbie Park Ferguson, die eerste inrigting in Suid-Afrika waar vroue opleiding in hoër onderwys kon ontvang. Dit het groot aanmoediging van die NG Kerk en ds. Andrew Murray geniet en is besoek deur dogters van gesiene families uit die hele Kaapkolonie en elders in Suider-Afrika. Dit het later graadprogramme aangebied onder die beskerming van die Universiteit van Suid-Afrika, maar het vanaf 2010 ingeskakel onder die akademiese beskerming van die Universiteit van Stellenbosch. Hugenote-kollege | | ---|---| Die Hugenote-Kollege. Dis ontwerp deur die vennootskap John Parker en Alexander Forsyth. | | Gestig: | 1951 | Ligging: | Wellington, Suid-Afrika Koördinate: | Webtuiste: | hugenote.com | Dit bied tans grade aan in maatskaplike werk, jeugwerk en gemeenskapsontwikkeling. Die kampus met sy geskiedkundige geboue is ook die tuiste van kerklike uitgewers soos Bybel Media en die Tydskrifte-Maatskappy. Inhoud AgtergrondWysig Die Hugenote-universiteitskollege het ontstaan uit die Hugenote-seminarie, ’n meisieskool wat ds. Andrew Murray in 1874 gestig het geskoei op Mount Holyoke in Massachusetts in die VSA, ’n instelling met ’n bepaald godsdienstige karakter. Twee onderwyseres, mejj. Anna Bliss en Abbie Park Ferguson, het van Mount Holyoke af gekom om die skool te help begin. Die instelling het goed gevorder en kort voor lank was daar ’n vraag na meer gevorderde onderrig vir vroue. Dit het in 1896 gelei tot die registrasie van twee vroue vir ’n B.A.-graad aan die Universiteit van die Kaap die Goeie Hoop. Hulle het hul graad in 1898 voltooi. Daarna is die Hugenote-seminarie as ’n kollege erken met dr. A.P. Ferguson as prinsipale. In 1907 is die kollege geïnkorporeer as ’n universitêre instelling ingevolge parlementêre wet en in 1918 het dit ’n samestellende kollege van die Universiteit van Suid-Afrika geword met die naam Hugenote-universiteitskollege. Destyds het dit naskoolse opleiding aan vroue gebied, maar ook ’n beperkte aantal mans aanvaar. Ten spyte van die inkorporasie, is die Hugenote-tradisies gehandhaaf, veral die godsdienstiges. Kursusse is aangebied vir die baccalaureus-, honneurs- en magistergrade in die lettere en wetenskap (insluitend huishoudkunde), verskeie onderwyssertifikate, inbegrepe die B.Ed.-graad. In 1950 is die Hugenote-universiteitskollege gesluit op aanbeveling van ’n staatskommissie wat beslis het sy ontwikkeling het nie die vlak bereik waarop universiteitstatus aan hom toegeken kon word nie, soos gebeur het met ander universiteitskolleges soos Potchefstroom, die Vrystaat en Rhodes. Maar die Hugenote-kollege onder beskerming van die NG Kerk het voortbestaan. Vroeg in die 1970's het die kollege 'n akademiese venootskap met Unisa gesluit, maar dis einde 2012 beëindig. Noemenswaardige alumniWysig BronneWysig - ( Oberholster, mev. J.A.S. 1940. Gedenkboek van die Nederduitse Gereformeerde Gereformeerde te Wellington. ) Wellington, Wes-Kaap
<urn:uuid:89e9052b-9597-471d-bd09-69457deb0592>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Hugenote-kollege
2019-07-15T19:56:27Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524111.50/warc/CC-MAIN-20190715195204-20190715221204-00338.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999921
false
Maak hoofkeuseskerm oop Soek Wysigings ← Ouer wysiging Nuwer wysiging → Sri Jayawardenepura (wysig) Wysiging soos op 02:27, 15 Julie 2012 Geen grootteverandering nie , 7 jaar gelede k robot Verander: ckb:سری جایاواردێناپورا کۆتێ [[bs:Sri Jayawardenepura Kotte]] [[ca:Sri Jayewardenepura]] [[ckb: سری جایاواردێناپورا کۆتێ سری ]] [[cs:Šrí Džajavardanapura Kotte]] [[cy:Sri Jayawardenapura Kotte]] LaaknorBot Robotte 4 368 wysigings Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/988293 "
<urn:uuid:4243ad4e-6f35-4b21-9f60-7719f1cfb0f0>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/988293
2019-07-15T20:26:32Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524111.50/warc/CC-MAIN-20190715195204-20190715221204-00338.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.886975
false
Meeldraad ’n Meeldraad bestaan gewoonlik uit ’n stingel, wat die helmdraad genoem word, en ’n helmknop, wat die mikrosporangia bevat. Die meeste helmknoppe het twee lobbe en is óf onder óf in die middel aan die helmdraad geheg. Die steriele deel tussen die lobbe word die helmbindsel genoem. ’n Stuifmeelkorrel ontwikkel uit ’n mikrospoor in die mikrosporangium en bevat die manlike gamete. Die meeldrade van ’n blom word saam die meeldraadkrans genoem. Dit kan ’n verskeidenheid vorms hê na gelang van die plantspesie – van hulle kan baie kompleks wees.[1][2][3][4] Die meeldraadkrans omring die ginesium van die blom en word op sy beurt omring deur die blomkelk, as daar een is. Inhoud Variasies in vormWysig Na gelang van die plantspesie kan party of al die meeldrade in ’n blom aan die kroonblare of aan die blomas vas wees. Hulle kan ook vrystandig wees of op verskillende maniere aan mekaar vergroei wees. Die helmdrade kan vergroei wees en die helmknoppe vry, of die helmknoppe vergroei en die helmdrade vry. In plaas daarvan dat daar twee stuifmeelsakkies is, kan een van die sakkies van ’n meeldraad onontwikkel wees, of die twee sakkies kan later vergroei om een stuifmeelsakkie te vorm.[5] StuifmeelvervaardigingWysig ’n Tipiese helmknop bevat vier mikrosporangia. Dié vorm stuifmeelsakkies in die helmknop. Elke mikrosporangium is uitgevoer met ’n laag voedingsweefsel bekend as die tapetum en bevat aanvaklik diploïede moederselle. Dié ondergaan meiose om enkelkernige spore te vorm. Die spore is óf aanmekaar vas óf ná meiose geskei. Elke mikrospoor verdeel dan deur mitose om onvolgroeide mikrogametofiete te vorm, wat stuifmeelkorrels genoem word. Die stuifmeel van bedeksadige plante moet na die stempel van ’n soortgelyke blom oorgedra word sodat bestuiwing kan plaasvind. Daarna voltooi die stuifmeelkorrel (onvolgroeide mikrogametofiet) gewoonlik sy ontwikkeling. Dit kan ’n stuifmeelbuis ontwikkel en mitose ondergaan om twee spermkerns te vervaardig. GaleryWysig Sien ookWysig VerwysingsWysig - Sattler, R. 1973. Organogenesis of Flowers. A Photographic Text-Atlas. University of Toronto Press. ISBN 0-8020-1864-5. - Sattler, R. 1988. A dynamic multidimensional approach to floral morphology. In: Leins, P., Tucker, S.C. en Endress, P. (red.) Aspects of Floral Development. J. Cramer, Berlin, pp. 1-6. ISBN 3-443-50011-0 - Greyson, R. I. 1994. The Development of Flowers. Oxford University Press. ISBN 0-19-506688-X. - Leins, P. en Erbar, C. 2010. Flower and Fruit. Schweizerbart Science Publishers, Stuttgart. ISBN 978-3-510-65261-7. - Goebel, K.E.v. (1905/1969). Organography of plants, especially of the Archegoniatae and Spermaphyta. Part 2 Special organography. New York: Hofner publishing company. Gaan datum na in: |date= (help) pages 553–555
<urn:uuid:b742c2cb-d6fa-446d-907b-1d52394d0f20>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Meeldrade
2019-07-18T07:27:26Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525524.12/warc/CC-MAIN-20190718063305-20190718085305-00098.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999438
false
Brooke Adams (aktrise) Jump to navigation Jump to search Brooke Adams | | Geboorte | 8 Februarie 1949 | ---|---| Nasionaliteit | Amerikaans | Kinders | 2 | Beroep(e) | Aktrise, vervaardiger, en skryfster | Aktiewe jare | 1967–nou | Internet-rolprentdatabasis-profiel | Brooke Adams (gebore 8 Februarie 1949) is 'n Amerikaanse aktrise, vervaardiger, en skryfster. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente Invasion of the Body Snatchers (1978), Days of Heaven (1978), Cuba (1979), en The Dead Zone (1983). Inhoud Filmografie[wysig | wysig bron] Rolprente[wysig | wysig bron] - 1977: Shock Waves - 1978: Invasion of the Body Snatchers - 1978: Days of Heaven - 1979: Cuba - 1979: A Man, a Woman and a Bank - 1980: Tell Me a Riddle - 1983: The Dead Zone - 1983: Utilities - 1985: Almost You - 1985: Key Exchange - 1987: Man on Fire - 1991: The Unborn - 1992: Gas, Food Lodging - 1994: The Fire This Time - 2002: Made-Up - 2005: At Last - 2005: The Legend of Lucy Keyes - 2008: The Daring Project - 2009: Gary's Walk - 2018: Snapshots Televisiereekse[wysig | wysig bron] - 1965: O.K. Crackerby! - 1994: Picture Windows - 2005: California Entertainment Weekly - 2009: The Gregory Mantell Show - 2015: All Downhill from Here Televisierolprente[wysig | wysig bron] - 1975: Who Is the Black Dahlia? - 1975: Song of the Succubus - 1976: James Dean - 1979: Nero Wolfe - 1984: Special People - 1985: Lace II - 1988: The Lion of Africa - 1989: Bridesmaids - 1991: Sometimes They Come Back - 1993: The Last Hit Video's[wysig | wysig bron] - 2006: Memories from 'The Dead Zone' - 2006: The Politics of 'The Dead Zone' - 2014: Sole Survivor: Interview with Star Brooke Adams - 2016: Star-Crossed in the Invasion with Brooke Adams
<urn:uuid:1dd1a00c-9292-4c03-ad6b-432cee51f447>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Brooke_Adams_(aktrise)
2019-07-19T12:42:23Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526237.47/warc/CC-MAIN-20190719115720-20190719141720-00258.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.747771
false
laat Jump to navigation Jump to search Inhoud - 1 Afrikaans (af) - 2 Nederlands (nl) Byvoeglike naamwoord | |||| ---|---|---|---|---| Trap | Predikatief | Attributief | Partitief | | Stellend | laat | late | || Vergrotend | later, latere | ||| Oortreffend | laatste | - laat - Ná na die verwagte oomblik; na die tyd wat afgespreek/geskeduleer is. - Nie vroeg nie (onvroeg). - Tyd volgens die horlosie. - My bus is laat. - Ek moes tot laat in die nag werk. Laat in die 21ste eeu. - Hoe laat is dit? - Die egpaar het toe weer vriende en kennisse, hul dokter en pastoor gebel, wat onverwyld, ongeag die late uur, die Du Toits te hulp gesnel het.[1] Vertalings: | ||| ---|---|---|---| Tydvorm | Persoon | Woordvorm | ---|---|---| Teenwoordige Tyd | ek | laat | Verlede Tyd | ek | het gelaat | - Nie verhinder of teëgaan nie; duld; toelaat; toestaan; prysgee. - Op ’n plek of in ’n toestand hou/los; agterlaat; nalaat; uitlaat; oorlaat. - Laat staan maar. - Ek het my baaitjie by die werk gelaat. Vertalings: | ||| ---|---|---|---| Byvoeglike naamwoord | || ---|---|---| Stellend | || Onverboë | laat | | Verboë | late | | Partitief | laats | | Vergrotend | || Onverboë | later | | Verboë | latere | | Partitief | laters | | Oortreffend | || Onverboë | laatst | | Verboë | laatste | | Bywoord | || Oortreffend | het laatst(e) | - 1.: Ik laat. - 1.: Jij laat. - 1.: Hij, zij, het laat. - 2.: Laat!
<urn:uuid:235cfe6c-fbe9-491e-b999-96b8af60a708>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wiktionary.org/wiki/laat
2019-07-19T12:45:33Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526237.47/warc/CC-MAIN-20190719115720-20190719141720-00258.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999136
false
Hoogverraad Hoogverraad is 'n versamelnaam vir misdrywe teen die interne veiligheid van die staat. Hieronder val byvoorbeeld 'n aanslag op die staatshoof, (poging tot) 'n staatsgreep, oorlog teen jou geboorteland en spioenasie. Verraad is kriminele ontrou. Histories gesproke het 'n kneg wat teen sy meester in opstand kom verraad gepleeg. Hoogverraad, daarteenoor, is wanneer 'n onderdaan van 'n staat verraad teenoor die staat self (waaraan die dader trou verskuldig is) pleeg. Vroeër jare is die doodstraf vir hoogverraad opgelê. In lande waar die doodstraf afgeskaf is word lewenslange of lang periodes van tronkstraf hiervoor opgelê. Soos die interne bestel van 'n land verander kan mense en groepe wat eens in guns was hulle skielik aan die verkeerde kant van die gereg bevind. Tydens die Rivoniaverhoor is Nelson Mandela en 'n aantal ander ANC-terroriste van hoogverraad aangekla en vervolgens skuldig bevind en tronkstraf opgelê. Ironies genoeg sou, in Suid-Afrika se eerste hoogverraadverhoor na die einde van Apartheid in 2003, 22 lede van die Boeremag verhoor en skuldig bevind word aan dieselfde tipe aanklagte as Mandela en sy kamerade.[1]
<urn:uuid:88f3db47-0dd8-49c6-a256-34150be1cb1f>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Hoogverraad
2019-07-22T01:28:12Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527458.86/warc/CC-MAIN-20190722010436-20190722032436-00018.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999991
true
Japan Airlines Japan Airlines | |||| Gestig | 1934 | ||| ---|---|---|---|---| Bedryfsbasisse | Tokio-Haneda Int. Lughawe | ||| Alliansie | Oneworld | ||| Vlootgrootte | 114 | ||| Bestemmings | 92 | ||| Hoofkantoor | Shinagawa, Tokio | ||| Sleutelpersone | Masaru Onishi (Voorsitter) | ||| Webtuiste | jal.com | Japan Airlines (afgekort 'JAL') is 'n lugredery met sy hoofkwartier in Shinagawa, Tokio, Japan. Dit is die vlagdraer van Japan en sy vernaamste spilpunte is Narita Internasionale Lughawe en Tokio-Haneda Internasionale Lughawe, sowel as Osaka se Kansai Internasionale Lughawe en Osaka Internasionale Lughawe. Die lugredery asook drie van sy filiale (J-Air, JAL Express en Japan Ocean Air) is lede van die "Oneworld" lugrederyalliansie. JAL-maatskappye in die groep sluit in Japan Airlines vir internasionale en plaaslike dienste; JAL Express vir internasionale en plaaslike lae-koste dienste; J-Air, Japan Air Commuter, Japan Ocean Air en Air Ryukyu Commuter vir binnelandse verbindingsdienste, asook JAL Cargo vir vrag- en posdienste. Die JAL-groep se bedrywighede sluit in geskeduleerde en nie-geskeduleerde internasionale en plaaslike passasiers- en vragdienste na 220 bestemmings in 35 lande wêreldwyd, insluitende kodedeel. Die groep het 'n vloot van 279 vliegtuie. Gedurende die finansiële jaar geëindig 31 Maart 2009, het die lugrederygroep 52 miljoen passasiers en oor die 1.1 miljoen ton vrag en pos vervoer. JAL is in 1951 gestig en word die nasionale lugredery van Japan in 1953. Na meer as drie dekades van diens en uitbreidings is die lugredery ten volle geprivatiseer in 1987. In 2002 het die lugredery saamgesmelt met Japan Air Systems, Japan se derde grootste lugredery en die sesde grootste lugredery ter wêreld vir passasiers vervoer. Japan Airlines is tans 'n amptelike borg van Japan Football Association, Japan nasionale sokkerspan, Shimizu S-Pulse en Consadole Sapporo. Die tweede grootste redery in Japan, All Nippon Airways, is Japan Airlines se belangrikste teenstander met strawwe kompetisie tussen die twee. Japan Cargo[wysig | wysig bron] JAL Cargo het sy lugvragbedrywighede in Oktober 2010 beëindig na meer as 30 jaar se diens. Dit het beide skroef- en straalvliegtuie gebruik deur die jare, die mees onlangse was die Boeing 747-400's (insluitend vliegtuie omgeskakel van passasier na vraguitleg) en Boeing 767-300Fs. Beperkte vragkapasiteit is steeds onder beheer van JAL op hul passasiersvliegtuie se onderste dekke. Verwysings[wysig | wysig bron]
<urn:uuid:fabfdce8-fa08-48ed-883a-cb83cf6d0cd4>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Japan_Airlines
2019-07-22T01:34:23Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527458.86/warc/CC-MAIN-20190722010436-20190722032436-00018.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999864
true
Ruby on Rails Ruby on Rails | | Skrywer | David Heinemeier Hansson | ---|---| Ontwikkelaar | Rails Core Team | Aanvanklike vrystelling | 13 Desember 2005 | Nuutste weergawe | 4.2.4/ 24 Augustus 2015 | Programmeertaal | Ruby | Bedryfstelsel | kruisplatform | Kategorie | Web application framework | Lisensie | MIT License | Webblad | rubyonrails.org | Ruby on Rails is 'n raamwerk, geskryf in die Ruby-programmeertaal, met die doel om die skryf van webtoepassings te vergemaklik en te versnel. Dit bestaan uit vyf hoofmodules wat elk 'n ander aspek van 'n tipiese webtoepassing implementeer: Active Record, Action Pack, Active Support, Action Mailer, en Action Web Service. Die nuutste weergawe van Rails is 1.2.2, wat op 6 Februarie 2007 vrygestel is. Active Record[wysig | wysig bron] Active Record laat die ontwikkelaar toe om die tabelle en rekords met min moeite in 'n databasis te modelleer. Dit rus op die beginsel van "konvensie, nie konfigurasie nie", wat bloot beteken dat in plaas daarvan dat die ontwikkelaar moet spesifiseer hoe die databasis uitleg lyk, word tabelle en kolomme net op 'n spesifieke wyse benoem, sodat Active Record self die uitleg kan bepaal deur die databasis se struktuur te ondersoek.[1]
<urn:uuid:b5d9f8a5-0f4f-4174-af65-a1994c223ef7>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Ruby_on_Rails
2019-07-22T01:40:13Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527458.86/warc/CC-MAIN-20190722010436-20190722032436-00018.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999592
false
myself Jump to navigation Jump to search Inhoud Enkelvoud | |||||| ---|---|---|---|---|---|---| Persoon | 1ste | 2de vertroulik | 2de beleef | 3de m | 3de v | 3de o | Verplig | my | jou | u | hom | haar | dit | Toevallig | myself | jouself | uself | homself | haarself | ditself | Meervoud | |||||| 1ste | 2de vertroulik | 2de beleef | 3de | ||| Verplig | ons | julle | u | hulle | || Toevallig | onsself | julleself julself | uself | hulleself hulself | - my•self - Die spreker verwys na hom- of haarself. - Ek sing tog nie net vir myself nie. - Myself word net met toevallig-wederkerende werkwoorde gebruik. Vertalings: myself | ||| ---|---|---|---|
<urn:uuid:f05e89fa-55f4-4fe4-8f5d-deb673ff931e>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wiktionary.org/wiki/myself
2019-07-23T06:47:48Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529007.88/warc/CC-MAIN-20190723064353-20190723090353-00178.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999771
false
14 Augustus datum << | Augustus 2018 | >> | |||| So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa | 1 | 2 | 3 | 4 | ||| 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | | Al die dae | Inhoud GebeureWysig - 1279 – Pous Nicolaas III vaardig die bul Exiit qui seminat uit, wat die kloosterreël van die Franciskane verduidelik. - 1670 – Pous Clemens X verklaar Peter Pascual salig. - 1691 – Michelangelo Conti (later Pous Innocentius XIII) word referendaris van die Tibunaal van die Apostoliese Signatura vir Geregtigheid en Genade. - 1875 – Die Genootskap van Regte Afrikaners in die Paarl onder leiding van ds. S.J. du Toit gestig. - 1887 – Die NG gemeente Johannesburg word as eerste gemeente van die NG Kerk in die Goudstad gestig. - 1945 – Japan gee oor nadat twee stede deur atoombomme vernietig is. Dit bring 'n einde aan die Tweede Wêreldoorlog. - 1945 – Marschall Pétain, hoof van die Vichy-Regering, word deur 'n Franse krygsraad weens samewerking met die Nazi's tot die dood veroordeel. - 1947 – Pakistan word onafhanklik van die Verenigde Koninkryk. - 1960 – Belgiese troepe word deur VN-vredesmagte vervang in die Republiek van Kongo. - 1980 – Lech Wałęsa is die aanvoerder van stakings in skeepswerwe van Gdansk, Pole, wat later lei tot die stigting van die Solidariteit beweging en die vestiging van demokrasie in Pole. - 1989 – PW Botha kondig sy bedanking as President van Suid-Afrika aan. GeboortesWysig - 1742 – Gregorio Barnaba Chiaramonti later Pous Pius VII († 1823). - 1771 – Sir Walter Scott, Skotse digter en skrywer († 1832). - 1890 – Oswald Pirow, Suid-Afrikaanse politikus en regsgeleerde († 1959). - 1945 – Wim Wenders, Duitse filmregisseur word in Düsseldorf gebore. - 1953 – James Horner, Amerikaanse komponis en dirigent van orkestrale en rolprentmusiek († 2015). - 1983 – Mila Kunis, Amerikaanse aktrise.
<urn:uuid:befe03af-e533-4a38-a042-c0f8b0aa9ed5>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/14_Augustus
2019-07-19T12:56:54Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526237.47/warc/CC-MAIN-20190719115720-20190719141720-00282.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999606
false
Kansas City Kaart | Wapen | Vlag | | Land | Verenigde State | Deelstaat | Missouri | County | Jackson, Clay, Platte, Cass | Koördinate | | Geïnkorporeer op | 28 Maart 1853 | Oppervlakte: | | - Totaal | 823,7 vk km | Hoogte bo seevlak | 227 m | Bevolking: | | - Totaal (Stad en county 2012) | 510 245 | - Bevolkingsdigtheid | 593,9/vk km | - Metropolitaanse gebied | 2 200 000 | Tydsone | CST (UTC -6) Somertyd: CDT (UTC -5) | Klimaat | | - Tipe | Subtropiese klimaat | - Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 11 °C | - Gem. temp. Januarie/Julie | -4 / 26 °C | - Gemiddelde jaarlikse neerslae | 977,6 mm | Burgemeester | Sly James | Amptelike Webwerf | kcmo.org | Kansas City lê weerskante van die Missouri-rivier in die state Kansas en Missouri. Die ligging van die stad aan die rivier maak dit die poort na die Weste. Dit is 'n vooraanstaande mark vir graan en lewende hawe. Die bevolking van die metropolitaanse gebied is meer as 2 200 000 mense.
<urn:uuid:c743fa7a-7264-4796-a137-90e8be1569f8>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Kansas_City
2019-07-19T12:54:02Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526237.47/warc/CC-MAIN-20190719115720-20190719141720-00282.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.994568
false
Na kwalifikasie werk hy vanaf [[1956]] vir ’n tyd by die Transvaalse Provinsiale Administrasie as klerk terwyl hy deeltyds aan die Pretoriase Onderwyskollege studeer vir sy Transvaalse Hoër Onderwysdiploma. Vanaf [[1957]] gee hy onderwys aan die Hoërskool Fakkel in [[Johannesburg]]. Hier ontmoet hy sy toekomstige vrou, Marie van der Merwe, die dogter van die skoolhoof. Benewens onderwys gee is hy ook betrokke by sportafrigting en skryf hy saam met Tom Smit die operette ''Baron Silvestro'', wat deur die skool opgevoer word. In [[1960]] behaal hy die B.A. Honneurs-graad aan die [[Universiteit van die Witwatersrand]].<ref>Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Du_Plessis,_Pieter_Georg</ref> Hy word dan in [[1961]] vir ’n jaar lank dosent by die Johannesburg College of Education, waarna hy in [[1962]] deur [[N.P. van Wyk Louw]]<ref>Esat: http://esat.sun.ac.za/index.php/P.G._du_Plessis</ref> aangestel word as dosent in Afrikaans-Nederlands aan die Universiteit van die Witwatersrand en in [[1968]] bevorder word tot senior lektor. Hy promoveer in [[1966]] onder N.P. van Wyk Louw aan die Universiteit van die Witwatersrand met ’n verhandeling getitel ''Die literêre verwysing aan die hand van voorbeelde uit die Afrikaanse poësie'', wat in 1968 as ''Die verwysing in die literatuur'' gepubliseer word. In die sestigerjare dien hy op die redaksie van die letterkundige tydskrif ''Kol''.<ref>[[Cloete, T.T.]] “Standpunte” Nuwe reeks 82, April 1969</ref> === Insituut vir Taal, Lettere en Kuns === Hy neem aktief deel aan die openbare debat oor letterkundige sake. In ''[[Sondagstem]]'' van [[14 Julie]] [[1964]] lewer hy kommentaar oor die herrie wat losgebars het oor die toekenning van die [[Hertzogprys]] aan ''Sewe dae by Silbersteins'' en vra die vraag ''Kan ons ’n hele letterkunde aan bande lê?'' en wys daarop dat daar ’n groot verskil bestaan tussen ’n boek van gehalte en ’n smerige boek. In ''Kol'' van Oktober [[1969]] besin hy ''Oor pornografie, fatsoenlikheid en die letterkunde'' en by die Hertzogprys bekroningsplegtigheid in [[1972]] aanvaar hy hierdie prys met ’n boodskap waarin hy pleit vir subsidiëring deur die staat van gehalte letterkunde. Hy lewer op [[26 Maart]] [[1976]] die referaat ''Staat en kuns: enkele aspekte'' by die sesde vyfjaarlikse kongres van die Afrikaanse Skrywerskring in Pretoria. Hy is pleitbesorger vir ’n meer verantwoorde benadering tot [[Sensuurwet (Apartheid)|sensuur]] as wat in die sewentigerjare in Suid-Afrika die geval was. By die eerste skrywersberaad van die Afrikaanse Skrywersgilde in Julie [[1975]] op [[Broederstroom]] waarsku hy dat die Afrikaanse literatuur vir die eerste keer in sy bestaan van staatsweë bedreig word en dat die gilde die [[Afrikaanse letterkunde]] moet bevorder en alles wat die vrye bestaan van ’n verantwoordelike letterkunde bedreig, moet beveg. Op [[8 Augustus]] [[1975]] voer hy saam met [[Bartho Smit]] samesprekings met minister Connie Mulder oor sensuur en op [[3 Desember]] [[1975]] neem hy saam met [[Chris Barnard (skrywer)|Chris Barnard]] deel aan ’n radio-onderhoud met Connie Mulder oor sensuur. In ''Radio en TV-Dagboek'' van [[8 Augustus|8]]-[[14 Augustus]] [[1977]] bevestig hy weereens sy standpunt oor sensuur, naamlik dat letterkundige meriete van ’n werk by beoordeling daarvan in berekening gebring moet word, dat letterkundige werke deur deskundiges beoordeel moet word en dat die waarskynlike leser die maatstaf moet wees. Hy lewer in [[1988]] die D.F. Malan-gedenklesing aan die [[Universiteit van die Vrystaat]] onder die titel ''Volk en literatuur''. === Persoonlike lewe === Uit sy huwelik met Marie word ’n seun, Frits, en dogter, Marieta, gebore. Hulle bly eers in [[Johannesburg]] en daarna in [[Meyerspark]] in Pretoria, maar in [[1980]] koop hy by sy skoonpa ’n plasie by Rysmierbult naby [[Ventersdorp]] in die Wes-Transvaal, wat hy Sémoér noem. Hier word hoofsaaklik daglelies gekweek en dit is ook die plek waar hy na aftrede gaan bly het.<ref>SA Vryskutskrywer: http://www.savryskutskrywer.co.za/mediamekka_pg_du_plessis.htm</ref> == Skryfwerk == === Literator === As literator behartig hy vir etlike jare die letterkundige rubriek van ''[[Sondagstem]]'' (later ''[[Dagbreek (Sondagkoerant)|Dagbreek]] en Sondagnuus'' en toe ''Dagbreek en Landstem'') en hy skryf resensies en artikels wat in ''Standpunte'', ''Lantern'' en ''[[Huisgenoot|Die Huisgenoot]]'' verskyn. As medewerker lewer hy opstelle oor [[Etienne Leroux]] en Dolf van Niekerk vir ''Perspektief en Profiel'' (destyds onder redaksie van [[P.J. Nienaber]]) en skryf hy ook die hoofstuk oor prosa na [[1900]] vir die boek ''Inleiding tot die Afrikaanse letterkunde'' onder redaksie van Ernst Lindenberg. Sy proefskrif word as ''Die verwysing in die literatuur'' gepubliseer, waarin hy uitvoerig ondersoek instel na verwysing in veral die poësie, aan die hand van die teorie onderliggend daaraan en toegelig met voorbeelde uit die digkuns. Later onttrek hy hom egter geheel en al aan die letterkundige kritiek en weier om verder resensies of artikels te skryf of om hom oor die kwaliteite van letterkundige werke uit te laat. === Drama === Die klug ''’n Seder val in Waterkloof'' voorsien in die groot behoefte aan ligter dramas in Afrikaans wanneer die hoogdrawendheid en pretensie van die Afrikaner-elite aan die kaak gestel word. ’n Professor en sy snobistiese suster ontvang in hulle spoghuis in [[Waterkloof]] vir die naweek besoek van twee vooraanstaande akademici. Die professor hoop dat hierdie twee die stemme wat saak maak sal uitbring om hom as voorsitter van die Akademie verkies te kry. Op dieselfde naweek besluit die ongewenste familie van [[Krugersdorp]] (’n bou-inspekteur en sy platvloerse vrou, ongekultiveerde kinders en rowwe oom) om onverwags besoek af te lê. Om dinge op te kikker, laat kom hulle ’n masseuse vir die professor. Die stuk beleef vele geslaagde opvoerings en word ook verfilm en oor televisie uitgesaai.<ref>Bouwer, Anna-Retha “Beeld” 1 Julie 2011</ref><ref>Brink, André P. “Rapport” 19 Februarie 1978</ref><ref>Brink, André P. “Tweede Voorlopige Rapport” Human & Rousseau Kaapstad Pretoria Johannesburg Eerste uitgawe 1980</ref><ref>Odendaal, L.B. “Tydskrif vir Geesteswetenskappe” Jaargang 19 no. 1, Maart 1979</ref><ref>Potgieter, Tjaart “Tydskrif vir Letterkunde” Nuwe reeks 17 no. 2, Mei 1979</ref><ref>Smuts, J.P. “Standpunte” Nuwe reeks 137, Oktober 1978</ref> Die Engelse vertaling, ''Send for Dolly'', word in 2002 tydens die Volksblad-Kunstefees in [[Bloemfontein]] deur die [[Universiteit van die Vrystaat]] se Dramadepartement opgevoer. ''Vereeniging, vereniging'' word in opdrag geskryf vir die opening van die [[Suid-Afrikaanse Staatsteater|Staatsteater]] in Pretoria. Die titel verwys na die [[Verdrag van Vereeniging|vredeVrede van Vereeniging]] in die verlede en die probleme om in die hede vereniging tussen die strydende partye te probeer bewerkstellig. Die drama poog om rondom die persoon van die Staatspresident, Frans de Waal, die geskiedenis in perspektief te plaas deur terugflitse na die verlede en die [[Anglo-Boereoorlog]]. Die hede is egter ’n maalkolk met sy persoon en heerskappy wat van alle kante bedreig word en verskeie teenstrydige standpunte wat deur verskillende partye gehuldig word.<ref>Boekkooi, Paul “Die Burger” 7 Junie 1984</ref><ref>Brink, André P. “Rapport” 24 Maart 1985</ref><ref>Odendaal, L.B. “Tydskrif vir Geesteswetenskappe” Jaargang 26 no. 3, September 1986</ref><ref>Olivier, Fanie “Rapport” 10 Junie 1984</ref><ref>Schutte, H.J. “Tydskrif vir Letterkunde” Jaargang 25 no. 1, Februarie 1987</ref><ref>Schutte, H.J. “Tydskrif vir Letterkunde” Jaargang 26, no. 4 November 1989</ref><ref>Smuts, J.P. “Die Burger” 27 Junie 1985</ref> Hierdie stuk word eers drie jaar na die oorspronklike bedoeling in [[1984]] in die Staatsteater opgevoer, vermoedelik omdat die stuk polities te sensitief was in die tyd van die oorspronklike beplanning. ==== Ongepubliseerde dramas ==== Hy verwerk [[Mikro]] se Gonnakolk-stories in ’n televisiereeks getiteld ''Mattewis en Meraai'', asook in ’n toneelopvoering wat deur [[Truk|TRUK]] op die planke gebring word. Sy bekendste televisiewerk is egter die reeks ''Koöperasiestories'' wat van sy sketse gemaak word wat aanvanklik in ''Die Transvaler'' verskyn het. Hierdie stories word in verskeie bundels gepubliseer en ’n rolprent word ook daarvan gemaak. Hy volg dit baie jare later op met die soortgelyke ''Pandjieswinkelstories'', wat oor [[KykNET|KykNet]] gebeeldsaai word, met Han, Skroef en Toffie as die bindkarakters wat die dorpenaars se stories vertel. Hier verskuif die aksie egter weg van die platteland en word die stadslewe merendeels uitgebeeld.<ref>Bornman, Renske “Tydskrif vir Letterkunde” Nuwe reeks 19 no. 3, Augustus 1981</ref><ref>Kruger, Joan “Die Transvaler” 7 Julie 1980</ref><ref>Van Zyl, Wium “Beeld” 25 Augustus 1980</ref> ==== Rolprent draaiboeke ==== Sy draaiboeke vir die rolprente ''Nag van die 19de'' (oor ’n troue wat in ’n ramp eindig)<ref>Breytenbach, Kerneels “Insig” September 1991</ref>), ''Liewe hemel, Genis'' (die hoofkarakters van ''Koöperasiestories'' in ’n vollengte rolprent) en ''Weerskant die nag'' (’n liefdesverhaal vir volwassenes oor die onaanpasbaarheid en wanbegrip van ’n man en vrou vir mekaar) word verfilm en hy skryf ook die draaiboek oor die lewensverhaal van [[Bles Bridges]], ''The devil and the song''. === Prosa === Aan die begin van sy skrywersloopbaan skryf hy ’n aantal verhale wat in tydskrifte gepubliseer word, maar dit is slegs ''Pat O’Faggerty se verhaal'', wat op [[16 Januarie]] [[1959]] in ''Die Huisgenoot'' verskyn het, wat hy in later jare as van enige waarde heg.<ref>Senekal, J.H. “P.G. du Plessis” Perskor-Uitgewery Johannesburg en Kaapstad Eerste uitgawe Eerste Druk 1981, bl 42</ref> ==== Kortverhaalbundels/ rubriekbundels ==== ==== Samesteller ==== Hy stel ''Halfeeu'' (1966) en ''Hoogtepunte'' ([[1967]]) saam, bloemlesings uit onderskeidelik die verhale en artikels wat in die eerste vyftig jaargange van ''Die Huisgenoot'' verskyn het. Uit die werk van [[Jan Spies]] stel hy die keur ''Spies op sy stukke'' saam. Saam met Marga Stoffer is hy die samesteller van die versamelbundel ''Ligvoets'', waarin humoristiese verhale opgeneem word. == Eerbewyse == Benewens die talle boekpryse wat hy ontvang, kry hy ook die ATKV se prestige toekenning vir sy bydrae tot die Afrikaanse kultuur. By die Klein Karoo Nasionale Kunstefees van 2002 word die Insig Afrikaans Onbeperk Pioniersprys aan hom toegeken en in [[2011]] ontvang hy die [[InniBos|Innibos]] Toekenning vir sy uitnemende skrywersbydrae tot die Afrikaanse Kultuurskat. In [[2013]] word hy vereer met ’n KykNet Fiesta-toekenning vir sy lewenslange bydrae tot die bevordering van die Afrikaanse teater en kunste. Hy kry in 2013 die Suid-Afrikaanse literêre toekenning vir sy lewensbydrae tot die lettere vir sy hele oeuvre. Met sy tagtigste verjaarsdag op [[14 Julie]] [[2014]] word ’n spesiale konsert tot sy eer in die [[Atterburyteater]] by Lynnwood Bridge in Pretoria gehou, waaraan bekende akteurs en kunstenaars soos onder andere Alexa Strachan, [[Sandra Prinsloo]], [[Marius Weyers]], [[Frank Opperman]] en [[Elize Cawood|Eliza Cawood]] deelneem
<urn:uuid:f1e2c8c4-0f23-44a8-9f0b-b868c6feafc6>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/1558000
2019-07-19T12:33:54Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526237.47/warc/CC-MAIN-20190719115720-20190719141720-00282.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999993
false
Byrne-Setlaars Die Byrne-Setlaars is 'n groot groep koloniste wat in 1849 uit Brittanje na die destydse Natal gebring is deur die Ier Joseph Byrne. Byrne het die Britse regering oorreed om 20 tot 50 akker grond aan immigrante toe te staan teen 'n betaling van £10 vir elke volwassene. Teen 1851 het 57 immigrasieskepe reeds 4,500 mense na Suid-Afrika gebring. Dit sluit die voorouers in van baie vooraanstaande Natalse families. Hulle het onder meer die dorpe Verulam, Richmond, Byrnetown en York gestig. John Baragwanath is een van die setlaars.
<urn:uuid:f46038d6-b816-4d99-9dfa-1bf4e815fb85>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Byrne-Setlaars
2019-07-22T01:39:12Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527458.86/warc/CC-MAIN-20190722010436-20190722032436-00042.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99995
false
Fisioterapie Fisioterapie is 'n geneeskundige beroep wat gemoeid is met die voorkoming en bestuur van bewegingsafwykings wat die gevolg is van siektes en beserings tydens 'n mens se leeftyd. Fisioterapie word gewoonlik deur óf deur 'n gekwalifiseerde fisioterapeut toegepas óf 'n fisioterapeutiese assistent onder leiding van 'n fisioterapeut.[1] Moderne fisioterapie[wysig | wysig bron] Moderne fisioterapie is in Londen in 1896 ontwikkel, waar daar geglo is dat pasiënte op 'n gereelde basis beweeg moes word om te verseker dat spierfunksie en beweeglikheid behoue bly. Hierdie groep belangstellendes het vinnig gegroei en in 1920 het 'n Vereniging vir Fisioterapie in die Verenigde Koninkryk tot stand gekom. Soortgelyke organisasies het ook elders tot stand gekom. Die sorg en rehabilitasie van groot getalle mense wat ledemate verloor het as gevolg van die Wêreldoorloë vroeg in die twintigste eeu asook die sorg vir pasiënte wat gely het aan siektes soos polio het die ontwikkeling van fisioterapie wêreldwyd versnel. Een van die vroeëre voorstanders van die dissipline was Suster Elizabeth Kenny, 'n Australiese verpleegster wat 'n beduinde impak gehad het op die behandeling van polio in die 1930's en 1940's. Fisioterapie en Wetenskap[wysig | wysig bron] Vir dekades lank was die beoefening van fisioterapie sterk gekritiseer vir sy gebrekkige onderliggende navorsing.[2] Laat in die 1990's het Engelse en Australiese fisioterapeute in 'n meningspeiling laat blyk dat minder as vyf persent (5%) van hulle gereeld wetenskaplike literatuur bestudeer het om hulle te lei in die uitvoering van hulle take in die praktyk.[3] Verwysings[wysig | wysig bron] - Discovering Physical Therapy. What is physical therapy, Amerikaanse Fisioterapie Vereniging, nagegaan op 27 Januarie 2008 - P. Turner, Evidence based practice and physiotherapy in the 1990's, Physiotherapy Theory and Practice, volume = 17 - P. Turner, Physiotherapists' reasons for selection of treatment techniques: A cross-national survey, Physiotherapy Theory and Practice, volume = 15, bl'e 235-246 - Evidence-Based Practice: Beliefs, Attitudes, Knowledge, and Behaviors of Physical Therapists, Physical Therapy, 2003-09, U. Diane Jette, Kimberley Bacon, Cheryl Batty et. al, volume=83, uitgawe 9, bl'e 786-805, [1], nagegaan op 2007-12-21 - R. Bohannon, Clinicians' use of research findings, Physical Therapy, volume 66, bl'e 45-50 - D. Newham, PracticalResearch, Physiotherapy, volume = 80,bl'e 337 - 339 - J. Rothstein, Caveat Emptor (Editorial), Physical Therapy, volume 70, bl'e 278-279 - J. Schreiber, A review of the literature on evidence-based practice in physical therapy, The Internet Journal of Allied Health Sciences and Practice, volume 3, uitgawe 4, Oktober 2005, [2], nagegaan op 12/1/07
<urn:uuid:5addbca4-3cf0-4eb0-b51d-da7ef2ad8976>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Fisioterapie
2019-07-23T08:05:06Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529007.88/warc/CC-MAIN-20190723064353-20190723090353-00202.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998799
false
swael Jump to navigation Jump to search Inhoud Enkelvoud | Meervoud | ---|---| swael | — | - swa•el - (chemie) Chemiese element in die periodieke tabel met simbool S en atoomgetal 16. - Swael kom wyd verspreid voor en is 'n smaaklose, reuklose, multivalente nie-metaal. Vertalings: swael | ||| ---|---|---|---| - Sien Wikipedia vir meer inligting oor swael.
<urn:uuid:0f560fde-9b2d-4998-917b-8e0a5079f8aa>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wiktionary.org/wiki/swael
2019-07-23T08:05:03Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529007.88/warc/CC-MAIN-20190723064353-20190723090353-00202.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99517
false
Bestand:Gouden medaille.svg Naar navigatie springen Naar zoeken springen Oorspronkelijk bestand (SVG-bestand, nominaal 150 × 150 pixels, bestandsgrootte: 1 kB) Bestandsgeschiedenis Klik op een datum/tijd om het bestand te zien zoals het destijds was. Datum/tijd | Miniatuur | Afmetingen | Gebruiker | Opmerking | | ---|---|---|---|---|---| huidige versie | 22 feb 2008 18:53 | 150 × 150 (1 kB) | Miho | {{Information |Description= |Source=eigen werk |Date= |Author= Miho NL |Permission= |other_versions= }} | | 22 feb 2008 18:10 | 744 × 1.052 (3 kB) | Miho | {{Information |Description= |Source=eigen werk |Date= |Author= Miho NL |Permission= |other_versions= }} | Bestandsgebruik Globaal bestandsgebruik De volgende andere wiki's gebruiken dit bestand: - Gebruik op af.wikipedia.org - Olimpiese Somerspele 1924 - Olimpiese Somerspele 2008 - Olimpiese Somerspele 2012 - Olimpiese Somerspele 2004 - Olimpiese Somerspele 2000 - Olimpiese Somerspele 1996 - Olimpiese Somerspele 1992 - Olimpiese Somerspele 1988 - Olimpiese Somerspele 1984 - Olimpiese Somerspele 1980 - Olimpiese Somerspele 1976 - Olimpiese Somerspele 2016 - Olimpiese Somerspele 1896 - Olimpiese Somerspele 1900 - Olimpiese Somerspele 1904 - Olimpiese Somerspele 1906 - Olimpiese Somerspele 1908 - Olimpiese Somerspele 1912 - Olimpiese Somerspele 1920 - Olimpiese Somerspele 1972 - Olimpiese Somerspele 1968 - Olimpiese Somerspele 1964 - Olimpiese Somerspele 1960 - Olimpiese Somerspele 1956 - Olimpiese Somerspele 1952 - Olimpiese Somerspele 1948 - Olimpiese Somerspele 1928 - Olimpiese Somerspele 1932 - Olimpiese Somerspele 1936 - Olimpiese Winterspele 2010 - Olimpiese Winterspele 2014 - Olimpiese Winterspele 2006 - Sjabloon:Goud - Sjabloon:Medaljetabel - Oscar Pistorius - Olimpiese Winterspele 2002 - Olimpiese Winterspele 1998 - Olimpiese Winterspele 1994 - Olimpiese Winterspele 1992 - Olimpiese Winterspele 1988 - Olimpiese Winterspele 1984 - Olimpiese Winterspele 1980 - Olimpiese Winterspele 1976 - Olimpiese Winterspele 1972 - Olimpiese Winterspele 1968 - Olimpiese Winterspele 1964 - Olimpiese Winterspele 1960 - Olimpiese Winterspele 1956 - Olimpiese Winterspele 1952 - Olimpiese Winterspele 1948 Globaal gebruik van dit bestand bekijken.
<urn:uuid:881c80c4-f4ff-4b57-8545-95e496592106>
CC-MAIN-2019-30
https://nl.wikipedia.org…den_medaille.svg
2019-07-18T07:32:45Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525524.12/warc/CC-MAIN-20190718063305-20190718085305-00146.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa", "by-sa", "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, false, false, false, false ], "in_head": [ true, false, false, false, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag", "a_tag", "a_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0", "2.5", "2.0", "1.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.968716
false
Kogelbergdam Jump to navigation Jump to search Kogelbergdam | | ---|---| Amptelike naam | Kogelbergdam | Ligging | Naby Grabouw | Provinsie/Land | Suid-Afrika | Koördinate | Koördinate: | Dam op | Palmietrivier | Doel | Besproeiing en nywerheid | Openingsdatum | 1986 | Eienaar | Departement van Waterwese | Soort dam | Boog-gravitasiedam | Hoogte van wal | 52 m | Lengte van wal | 850 m | Bakmaat | 19 300 000 m³ | Reservoir | Kogelbergdam Reservoir | Opvangsarea | 179 km2 | Damoppervlak | 155 ha | Kogelbergdam is 'n gekombineerde gravitasie en boogtipe dam geleë in die Palmietrivier, naby aan Grabouw in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die dam is in 1986 gebou, hoofsaaklik vir besproeiing en nywerheidsgebruik. Sien ook[wysig | wysig bron] Verwysings[wysig | wysig bron] Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
<urn:uuid:bad32fc9-0800-453b-9eb0-6dd0f6a4f1f3>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kogelbergdam
2019-07-19T12:39:49Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526237.47/warc/CC-MAIN-20190719115720-20190719141720-00306.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.993403
false
sewe-en-dertigste Jump to navigation Jump to search Inhoud Telwoord | ---| sewe-en-dertigste | - Rangtelwoord van sewe-en-dertig. - Sy het sewe-en-dertigste in die wedloop geëindig. - 37ste of 37e Vertalings: sewe-en-dertigste | ||| ---|---|---|---|
<urn:uuid:5e5ffb3e-0d4a-442b-ac79-411b95a53f9e>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wiktionary.org/wiki/sewe-en-dertigste
2019-07-20T18:32:33Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526560.40/warc/CC-MAIN-20190720173623-20190720195623-00466.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.991909
false
Naboom Naboom | |||||||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| S.A. nasionale nommer: 351 [1] | |||||||||||||||| Wetenskaplike klassifikasie | |||||||||||||||| Binomiale naam | |||||||||||||||| Euphorbia ingens E.Mey. ex Boiss. | Die Naboom (Euphorbia ingens) is 'n kaktus-agtige boom met 'n kort dik stam en enorme takke. Die sukkulente boom kom volop in Limpopo, asook in Mpumalanga voor en die naam van die dorp Naboomspruit verwys na hul aanwesigheid daar. Die takke het gewoonlik vier of vyf vlerke. Dit het 'n taai, wit, melkagtige sap wat uiters giftig is en intense irritasie en blase op die vel veroorsaak. As dit in die oë beland kan dit permanente blindheid tot gevolg hê. Swart inboorlinge langs die Limpopo het die melk tradisioneel gebruik om vis mee te vang. Bondels gras is in die melk geweek en in die rivier gegooi. Dit verlam die visse en hulle begin na 'n ruk lewend bo die water te dryf. Die heuning van die blomnektar van die naboom word noorsheuning genoem. Dit brand die mond kwaai as die heuning geëet word. Die brand vererger sodra water gedrink word. Die boom lyk baie soos die nagblom. Sien ook[wysig | wysig bron] Wikimedia Commons bevat media in verband met Euphorbia ingens. | Bron[wysig | wysig bron] - Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
<urn:uuid:576fd9bc-cd2a-4e6a-bd32-63ff76632d8c>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Naboom
2019-07-22T01:34:07Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527458.86/warc/CC-MAIN-20190722010436-20190722032436-00066.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99976
false
Skopsuil Skopsuil | |||||||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Bewaringstatus | |||||||||||||||| Wetenskaplike klassifikasie | |||||||||||||||| Binomiale naam | |||||||||||||||| Otus senegalensis (Swainson, 1837) | Identifikasie[wysig | wysig bron] Die skopsuil het 'n unieke "prrrp" roep wat elke 5 sekondes herhaal word. Verspreiding[wysig | wysig bron] Die skopsuil kom wyd verspreid voor oor Suid-Afrika in savanne en bosveldgebiede. Verspreiding word verder aangetref noord vanaf Suid-Afrika tot in Angola, Zambië, die suide van die D.R. Kongo, Oos-Afrika en Ethiopië suid van die Sahara, tot in Wes-Afrika. Bron[wysig | wysig bron] African Scops Owl: Atlas of South-African Birds
<urn:uuid:7d4eeb59-a408-4600-997a-fb98ad4f419f>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Skopsuil
2019-07-22T01:48:03Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527458.86/warc/CC-MAIN-20190722010436-20190722032436-00066.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.994192
false
Adamastor Adamastor | | Skepping | | ---|---| Geskep deur | Luís de Camões | Inligting | | Spesie | Griekse-tipe mitologiese karakter | Geslag | Manlik | Die mitologiese figuur Adamastor is ‘n simbool vir die gevare wat die vroeë Portugese seevaarders op hulle ontdekkingstogte moes trotseer. Vasco da Gama het die reusagtige monster Adamastor gesien. So sê die Portugese digter Luis Vaz de Camŏes in sy gedig Os Lusíados. Inhoud Legende[wysig | wysig bron] Lank voor die geboorte van die Griekse gode het die Aarde en die Hemel twaalf reuse voortgebring. Hul liggame was so groot as berge en hulle was boonop gewelddadig. Adamastor, een van hierdie reuse, het verlief geraak op die aanloklike seenimf Thetis. Haar moeder Doris was teen die verhouding gekant, maar het nogtans ‘n ontmoeting tussen die twee gereël. Toe hy opdaag vir die byeenkoms gee Doris hom in die plek van haar dogter ‘n klip om te omhels. Omdat Adamastor die skone Thetis begeer het, is hy deur die gode as straf omskep in die ruwe rotse van die destydse Kaap van Storms en hy moes die toegang tot die Indiese Oseaan bewaak. Hierdie reus se liggaam vorm dus volgens die legende die rotse en berge van die Kaap die Goeie Hoop, die Kaapse Skiereiland en Tafelberg. Vir duisende jare sit die verbanne Adamastor al daar, verbitter oor sy verbanning. Sy baard is die fynbos, sy hare die wolke, sy vel die ruwe rotse en sy mond die grotte aan die kus. Hy beskuldig die Portugese matrose van betreding van sy gebied, die Indiese Oseaan. Adamastor sweer wraak en vervloek elke skip wat verby seil en dreig met dood en verwoesting. Hy beweer hy is verantwoordelik vir die dood van Bartolomeus Dias en ander Portugese seevaarders op die Indiese Oseaan. Gedig[wysig | wysig bron] Luis Vaz de Camŏes (ca. 1524–1580) is waarskynlik die beroemdste digter in die Portugese taal. Die titel van die epiese gedig uit 1572 Os Lusíados beteken “die Portugese mense”. In hierdie geskiedkundige en patriotiese gedig skep Camões ‘n nuwe mitologiese figuur met die naam van Adamastor. Dit spruit dus nie uit die Griekse mitologie nie. Adamastor verskyn in canto V van die gedig op die moment dat Vasco da Gama en sy vloot die Kaap van Storms op sy historiese reis na Indië bereik. Letterkunde[wysig | wysig bron] Adamastor kom voor in boeke deur Voltaire, Victor Hugo, Alexandre Dumas, Gaston Leroux, Herman Melville, José Saramago en Fernando Pessao. André P. Brink het Die eerste lewe van Adamastor, François Verster Een teen Adamastor en O.J.O. Ferreira Adamastor, gees van die Stormkaap geskryf. In 1930 het Roy Campbell die titel Adamastor aan ‘n bundel van sy gedigte gegee. Musiek[wysig | wysig bron] Adamastor word genoem in die opera L’Africaine (1865) wat handel oor Vasco da Gama en gekomponeer is deur Giacomo Meyerbeer. Skilderkuns[wysig | wysig bron] Dinosouris[wysig | wysig bron] Adamastor is ook die naam van die dinosouris Angolatitan adamastor wat deur die paleontoloog Octávia Mateus in Angola gevind is. Standbeeld[wysig | wysig bron] In 1927 is in Lissabon ‘n standbeeld onthul van Adamastor gemaak deur Júlio Vaz jr. Dit toon ‘n wilde reus wat veg om uit ‘n rots verlos te word en ‘n klein mens in koper wat vreesbevange toekyk. Hierdie beeld staan in die Santa Mariapark met ‘n wye uitsig oor die Taagrivier. Verskeie teëltablo’s in Portugal beeld die verhaal van Adamastor uit. Etimologie[wysig | wysig bron] Die naam Adamastor is ‘n Portugese aanpassing van die Griekse woord vir “die ontembares”. Maar die Portugese het die Indiese Oseaan getem en al die gevare getrotseer. Lees ook[wysig | wysig bron] Bibliografie[wysig | wysig bron] Wikimedia Commons bevat media in verband met Adamastor. |
<urn:uuid:f3f93a4e-049c-4201-97a3-dd5d96c4b04f>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Adamastor
2019-07-23T08:14:23Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529007.88/warc/CC-MAIN-20190723064353-20190723090353-00226.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999981
false
Sayeret Matkal Sayeret Matkal סיירת מטכ"ל | | ---|---| Gestig | 1957 | Land | Israel | Weermagdeel | Militêre Intelligensie Direktoraat | Onderdeel van | Israelse Weermag | Tipe | Spesiale operasieskrag | Logo | | Spesialisasie | Spesiale verkenning, Direkte aksie (militêre), Raid (militêre), gyselaarbevryding, Teen-terrorisme en meer. | Veldslae | Uitputtingsoorlog Sesdaagse oorlog Jom Kipoer-oorlog Operasie Entebbe Libanon-oorlog van 1982 Eerste Intifada Tweede Intifada Libanon-oorlog van 2006 | Sayeret Matkal (Hebreeus: סיירת מטכ"ל – "Generalestaf verkenningseenheid") is die elite spesialemageenheid van die Israelse Weermag (IDF). Dit is in 1957 gestig as Eenheid 269 deur veterane van die valskermbrigade, Eenheid 101 en die Weermag se Intelligensieafdeling (Aman). Die eenheid is verantwoordelik vir teen-terreur-operasies, verkenning in vyandige gebied en intelligensie insameling. Sayeret Matkal is ook verantwoordelik vir gyselaarbevryding buite die grense van Israel. Die eenheid word geskoei op die Britse SAS en rapporteer aan Aman. Die eenheid se leuse is "Wie waag, wen" (dieselfde as die SAS-leuse). Sayeret Matkal is veral bekend vir Operasie Donderslag, meer algemeen maar verkeerdelik bekend as Operasie Entebbe, waartydens meer as 100 Air France-lugdienspassasiers wat deur Palestynse en Duitse militantes na Uganda gekaap is. Tydens dié operasie sterf die eenheid se bevelvoeder Jonatan "Jonie" Netanyahu. Geskiedenis[wysig | wysig bron] Sayeret Matkal is in 1957 deur 'n offisier Avraham Arnan gestig. Hy rig 'n versoek aan die IDF Generalestaf om 'n eenheid te stig wat in vyandelik beheerde gebiede kan infiltreer ten einde uiters geheime intelligensie-insamelingsoperasies uit te voer. Die eenheid is gebaseer op die voorbeeld van die SAS. Lede van die eenheid word onder andere opgelei deur Bedoeïen-spoorsnyers. In 1959 is 'n dienspligtige Ehud Barak aanvaar by Sayeret Matkal. Hy sou later die eerste Matkal-leier, Lt. Meir Har-Zion, opvolg en Israel se mees gedekoreerde soldaat word. Barak het 'n betekenisvolle invloed op Sayeret Matkal uitgeoefen en word beskou as 'n innoverende en charismatiese soldaat. Barak het later IDF-stafhoof geword. Ten spyte daarvan dat Sayeret Matkal 'n uiters geheime eenheid is, het dit 'n betekenisvolle invloed op die IDF. Die eenheid het oorspronklik helikopter-infiltrasietegnieke ontwikkel wat later algemeen deur die Israeliese Weermag gebruik is. Die eenheid se gebruik van die Uzi-submasjiengeweer het daartoe bygedra dat die Israel Military Industries 'n Uzi ontwikkel het met 'n wegvoubare kolf vir akkuraatheid terwyl die wapen steeds klein is vir gebruik in beperkte ruimtes. Die eenheid was betrokke in gevegte aan alle fronte gedurende die Sesdaagse oorlog in 1967. Sayeret Matkal het deelgeneem aan baie teen-terrorisme operasies, insluitende die aanval op 'n Boeing 707 wat deur Swart September-militantes in 1972 (Operasie Isotope) en die dood van 'n aantal buskapers in die Gasastrook. Die eenheid bly egter veral bekend vir hul 1976-redding van 106 passasiers in Uganda (Operasie Entebbe). Hoewel Sayeret Matkal ook verbind word met verskeie meer onlangse operasies word dié eenheid se betrokkenheid nie deur die IDF bevestig nie.
<urn:uuid:abd5adf5-712d-43df-a842-648879b22204>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Sayeret_Matkal
2019-07-23T07:26:51Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529007.88/warc/CC-MAIN-20190723064353-20190723090353-00226.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999948
false
1976 jaar 1976 | ◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ► | Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal | Sien ook: Kategorie:1976 | Kalenders | | Operasie Savannah | | Die jaar 1976 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 76ste jaar van die 20ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad. GebeureWysig - Die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) se televisiediens begin in Julie. - Die Mediese Universiteit van Suider-Afrika (MEDUNSA) naby Pretoria word gestig. - 4-15 Februarie – Die twaalfde Olimpiese Winterspele word in Innsbruck, Oostenryk, aangebied. - 21-28 Februarie – Die eerste Paralimpiese Winterspele word in Örnsköldsvik, Swede, aangebied. - 27 Februarie – Die Polisario verklaar in Tindouf die onafhanklikheid van die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara met Laâyoune as hoofstad. - 18 Maart – Die Suid-Afrikaanse Vloot neem sy eerste duikboot, die SAS Maria van Riebeeck, in gebruik. - 24 Maart – President Isabel Perón van Argentinië word ontvoer en afgeset in 'n bloedlose staatsgreep. - 26 Maart – Koningin Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk stuur die eerste koninklike e-pos. - 1 April – Die rekenaarmaatskappy Apple Computer word gestig deur Steve Jobs en Steve Wozniak. - 5 April – James Callaghan word Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk. - 9 Mei – Ulrike Meinhof van die terroriste-organisasie "RAF" (Rote Armee Fraktion) word dood aangetref in haar sel in die gevangenis in Stuttgart-Stammheim. - 16 Junie – Die Soweto-opstand begin in Suid-Afrika. - 22 Junie – Die Kanadese laerhuis skaf die doodstraf af. - 26 Junie – Die CN-toring in Toronto, die wêreld se hoogste vrystaande gebou, word geopen. - 29 Junie – Die Republiek van Seychelle word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik. - 2 Julie – Hereniging van Noord- en Suid-Viëtnam as Viëtnam. Saigon word na Ho Chi Minh-stad hernoem. - 4 Julie – Israeliese valskermsoldate bevry 103 gyselaars wat deur Palestynse vliegtuigkapers in Entebbe, Uganda, aangehou word tydens Operasie Entebbe. - 17 Julie-1 Augustus – Die 21ste Olimpiese Somerspele word in Montreal, Kanada, aangebied. - 3-11 Augustus – Die vyfde Paralimpiese Somerspele word in Toronto, Kanada, aangebied. GeboortesWysig - 2 Januarie – Paz Vega, Spaanse aktrise. - 1 April − John Elkann, Italiaans-Amerikaanse nyweraar. - 7 Mei – Ayelet Shaked, Israelse politikus. - 3 Julie – Bob Skinstad, Suid-Afrika se vyftigste Springbokkaptein. - 5 Julie – Nuno Gomes, Portugese sokkerspeler. - 2 Augustus – Lianie May, Afrikaanse ligte sangeres. - 4 Oktober – Alicia Silverstone, Amerikaanse aktrise. - 19 Oktober – Pro Legoete, Suid-Afrikaanse rugbyskeidsregter. - 27 November – Gerhard Steyn, Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. - 3 Desember – Mark Boucher, Suid-Afrikaanse krieketspeler. - Onbekend – Annanias Mathe, Suid-Afrikaanse reeksverkragter en gewapende rower van Mosambiek († 2016). SterftesWysig - 12 Januarie – Agatha Christie, Britse skryfster (* 1890). - 23 Januarie – Paul Robeson, Amerikaanse sanger, akteur, advokaat en aktivis (* 1898). - 11 Mei – Alvar Aalto, Finse argitek en ontwerper (* 1898). - 5 April – Howard Hughes, Amerikaanse lugvaartpionier en filmregisseur (* 1905) - 16 Junie – Hastings Ndlovu, eerste persoon wat tydens die Soweto-opstand geskiet is (* 1961). - 16 Junie – Hector Pieterson en vele ander jeugdiges tydens die Soweto-opstand van 1976 (* 1964). - 25 Junie – Johnny Mercer, Amerikaanse liedjieskrywer (* 1909). - 22 Augustus – Juscelino Kubitschek, Brasiliaanse geneeskundige en politikus (* 1902). - 4 Desember – Benjamin Britten, Engelse komponis, dirigent en pianis (* 1913). - Onbekend – Lucas Cornelius Steyn, Suid-Afrikaanse politikus en waarnemende Goewerneur-generaal van Suid-Afrika (1959 en 1961) (* 1903).
<urn:uuid:91fc32b0-aa25-4a25-90e0-0d85819db01c>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/1976
2019-07-15T20:56:03Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524111.50/warc/CC-MAIN-20190715195204-20190715221204-00410.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99972
false
Antarktiese Skiereiland Die Antarktiese Skiereiland is die noordelikste deel van die kontinent Antarktika en dié deel van die kontinent, wat vir sy grootste deel oor die suidelike Poolsirkel uitsteek. Die skiereiland het 'n lengte van sowat 1 200 km en is in die Westelike Halfrond teenoor Suid-Amerika geleë, waarvan dit deur die Drakedeurgang geskei word. Net noord van die skiereiland is die eilandgroep Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande en net wes die Alexander-eiland, die grootste eiland van Antarktika, geleë. Die Antarktiese Skiereiland grens in die weste aan die Bellingshausensee, in die noorde aan die Scotiasee en in die ooste aan die Weddellsee, almal seë van die Suidelike Oseaan. Die Antarktiese Skiereiland is baie bergagtig met hoogtes van tot 2 800 m, wat as voortsetting van die Suid-Amerikaanse Andes beskou word. Weens die skiereiland se matige klimaat binne Antarktika het die skiereiland en die nabygeleë eilande die hoogste konsentrasie aan navorsing-stasies op die Antarktiese vasteland. Die Antarktiese Skiereiland word deur Argentinië (Argentyns-Antarktika), Chili (Antártica Chilena) en die Verenigde Koninkryk (Brits-Antarktiese Gebied) geëis en tot hul Antarktis-gebied gereken, maar omdat dit volgens internasionale reg nie erken word nie, val die skiereiland soos die res van Antarktika onder die saak van die Antarktis-verdrag. BronWysig - Hierdie artikel is vertaal uit die Duitse Wikipedia
<urn:uuid:d7dae32a-44b7-4788-9124-3aa2df6a2e19>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Antarktiese_Skiereiland
2019-07-15T20:56:15Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524111.50/warc/CC-MAIN-20190715195204-20190715221204-00410.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
1.000006
false
Samizdat Samizdat (wetenskaplike transliterasie van самиздат, afgelei van Russies сам - "self, "eie" en издательство - "uitgewery") het in die Unie van Sosialistiese Sowjetrepublieke en later ook in ander reële sosialistiese state na die verspreiding van alternatiewe en opposisionele literatuur langs nie-amptelike kanale - onder meer deur handgeskrewe afskrifte, getikte eksemplare of fotokopieë - en die verspreiding van hierdie gedupliseerde werke verwys. In die geval van sangers wat krities teenoor die kommunistiese bewind gestaan het soos Wladimir Wissotski is bandopnemers gebruik om opnames van konserte deur middel van oudiobande te versprei. Hierdie vorm van Samizdat het ook as "Magnitizdat" bekend gestaan. 'n Ander metode, wat reeds in die 1940's ingespan is om konsertopnames te versprei, was die sogenaamde "rockmusiek op die gebeente" (Russies рок на костях) waarby konserte op 'n x-straalopname gestoor is. Samizdat was 'n algemene verskynsel in die Sowjetunie, Pole, die DDR, Tsjeggoslowakye en Hongarye. Kritiese tekste van skrywers, digters, publisiste en sangers is net soos ander werke wat nie aan die Sosialistiese realisme se riglyne voldoen het nie gewoonlik nie deur staatsbeheerde uitgewerye gepubliseer nie. Benewens privaat lesings was Samizdat sodoende dikwels die enigste manier om kritiese en opposisionele werke aan 'n breër publiek bekend te stel.
<urn:uuid:2ff33d88-8e19-49c0-afe0-100fa76ab933>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Samizdat
2019-07-15T20:24:05Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524111.50/warc/CC-MAIN-20190715195204-20190715221204-00410.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999979
false
Maak hoofkeuseskerm oop Soek Blanche Gerstman - Tale Blanche Gerstman is beskikbaar in 1 taal. Keer terug na Blanche Gerstman. Tale Nederlands Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileLanguages/Blanche_Gerstman "
<urn:uuid:3d929159-00e0-424e-a8cb-29703994d996>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileLanguages/Blanche_Gerstman
2019-07-15T19:54:48Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524111.50/warc/CC-MAIN-20190715195204-20190715221204-00410.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.962894
false
Hulp Bladsye wat na "1030" skakel ← 1030 Jump to navigation Jump to search Skakels hierheen Bladsy: Naamruimte: alle (Hoof) Bespreking Gebruiker Gebruikerbespreking Wikipedia Wikipediabespreking Lêer Lêerbespreking MediaWiki MediaWikibespreking Sjabloon Sjabloonbespreking Hulp Hulpbespreking Kategorie Kategoriebespreking Portaal Portaalbespreking Module Module talk Gadget Gadget talk Gadget definition Gadget definition talk Omgekeerde seleksie Filters Versteek insluitings | Versteek skakels | Versteek aansture Die volgende bladsye skakel na 1030 : Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). 11de eeu ( ← skakels wysig ) 1130 ( ← skakels wysig ) 1020 ( ← skakels wysig ) 1025 ( ← skakels wysig ) 1026 ( ← skakels wysig ) 1027 ( ← skakels wysig ) 1028 ( ← skakels wysig ) 1029 ( ← skakels wysig ) 1031 ( ← skakels wysig ) 1032 ( ← skakels wysig ) 1033 ( ← skakels wysig ) 1034 ( ← skakels wysig ) 1035 ( ← skakels wysig ) 1040 ( ← skakels wysig ) 1093 ( ← skakels wysig ) 930 ( ← skakels wysig ) Lille ( ← skakels wysig ) Cadaqués ( ← skakels wysig ) Trondheim ( ← skakels wysig ) Ólavsøka ( ← skakels wysig ) Wsewolod I van Kiëf ( ← skakels wysig ) Teenpous Clemens III ( ← skakels wysig ) Aurec-sur-Loire ( ← skakels wysig ) Kategorie:Geboortes in 1030 ( ← skakels wysig ) Bespreking:1030 ( ← skakels wysig ) Metaalperd (astrologie) ( ← skakels wysig ) Saga ( ← skakels wysig ) Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/1030 " Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Gereedskap Spesiale bladsye Drukbare weergawe Ander tale Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:8e69c5f1-b658-46bf-916a-4358ce0952ad>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/1030
2019-07-15T20:20:16Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524111.50/warc/CC-MAIN-20190715195204-20190715221204-00410.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998892
false
Hulp Bladsye wat na "Groep van Sewe" skakel ← Groep van Sewe Jump to navigation Jump to search Skakels hierheen Bladsy: Naamruimte: alle (Hoof) Bespreking Gebruiker Gebruikerbespreking Wikipedia Wikipediabespreking Lêer Lêerbespreking MediaWiki MediaWikibespreking Sjabloon Sjabloonbespreking Hulp Hulpbespreking Kategorie Kategoriebespreking Portaal Portaalbespreking Module Module talk Gadget Gadget talk Gadget definition Gadget definition talk Omgekeerde seleksie Filters Versteek insluitings | Versteek skakels | Versteek aansture Die volgende bladsye skakel na Groep van Sewe : Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). Duitsland ( ← skakels wysig ) Japan ( ← skakels wysig ) Frankryk ( ← skakels wysig ) Verenigde State van Amerika ( ← skakels wysig ) Verenigde Koninkryk ( ← skakels wysig ) Italië ( ← skakels wysig ) Kanada ( ← skakels wysig ) Groep van Agt ( ← skakels wysig ) Sjabloon:G7 ( ← skakels wysig ) Kategorie:G7 ( ← skakels wysig ) G7 (aanstuurblad) ( ← skakels wysig ) Groep van 20 ( ← skakels wysig ) Sjabloon:Lidlande van die G8 ( ← skakels wysig ) Bespreking:Groep van Sewe ( ← skakels wysig ) Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Groep_van_Sewe " Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Gereedskap Spesiale bladsye Drukbare weergawe Ander tale Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:423f3c85-833f-416c-b199-12a4ae5af0c9>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Groep_van_Sewe
2019-07-15T20:20:29Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524111.50/warc/CC-MAIN-20190715195204-20190715221204-00410.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99925
false
718 Jump to navigation Jump to search 718 | ◄ | 7de eeu | ◄8ste eeu► | 9de eeu | ► | Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal | Sien ook: Kategorie:718 | Kalenders | | Die jaar 718 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 18de jaar van die 8ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. Gebeure[wysig | wysig bron] Geboortes[wysig | wysig bron] Sterftes[wysig | wysig bron] - Terwel, Khan van die Bulgare
<urn:uuid:f17f3332-fdc1-4ae8-8569-d14ee4f60161>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/718
2019-07-19T12:47:51Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526237.47/warc/CC-MAIN-20190719115720-20190719141720-00330.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999915
false
Nekwerwel Nekwerwels | || Inligting en eksterne bronne | || Posisie van die menslike nekwerwels (in rooi). Dit is sewe bene, van bo na onder C1 tot C7. | || ’n Tipiese nekwerwel. | || Inligting | || Latyn | Vertebrae cervicales | | Stelsel | Werwelkolom | | Werking | Help die gewig van die liggaam steun Laat beweging van die nek toe | | Eksterne bronne | || MeSH | D002574 | | FMA | 9915 72063, 9915 | | Gray's Anatomy | Bl. 97 | Die nekwerwels of servikale werwels is in die menslike anatomie die boonste deel van die werwelkolom – dus die sewe werwels van C1 tot C7 wat in die nek voorkom, net onder die skedel. Die eerste twee werwels (C1 en C2) is ook as onderskeidelik die atlas en die aksis bekend. Die borswerwels is net daaronder geleë en is in alle soogdierspesies dié werwels wat elk twee ribbes aangeheg het. In sommige diere buiten soogdiere het die nekwerwels ook ribbes aangeheg. In sommige spesies soos akkedisse is die nekribbes groot; in voëls is hulle klein en heeltemal aan die werwels vasgegroei. Die meeste soogdiere het sewe nekwerwels.[1] In mense is hulle die kleinste van die ware werwels en kan hulle van ander onderskei word deurdat hulle openinge in die dwarsuitsteeksels het waardeur die werwelslagaar en -are en die klein neksenuweeknope loop.
<urn:uuid:6c983e06-9be7-410b-9fb7-20fbaf2ed33f>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Nekwerwel
2019-07-19T12:39:30Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526237.47/warc/CC-MAIN-20190719115720-20190719141720-00330.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
1.000001
false
Stockholm Kaart | Wapen | Vlag | | Land | Swede | Landskap | Södermanland en Uppland | Län | Stockholms län | Kommun | Stockholms kommun | Koördinate | | Stigting | 13de eeu | Oppervlakte: | | - Tätort | 377 vk km | - Kommun | 188 vk km | - Storstadsområde | 6 519 vk km | Hoogte bo seevlak | 15 m | Bevolking: | | - Tätort (2012) | 1 372 565 | - Kommun (2013) | 897 700 | - Storstadsområde (Maart 2011) | 2 119 760 | - Bevolkingsdigtheid | 3 321/vk km (tätort) | Tydsone | UTC +1 (MET) | - Somertyd | UTC +2 (MEST) | Klimaat | | - Tipe | Gematigde klimaat | - Gem. jaarlikse temperatuur | 6,6 °C | - Gem. temp. Januarie/Julie | –2,8 / 17,0 °C | - Gem. jaarlikse neerslae | 532 mm | Amptelike Webwerf | stockholm.se | As die politieke, ekonomiese en kulturele sentrum van die land word Stockholm veral deur die kontras van land en water (die stad strek oor veertien eilande en lê digby 'n eilandgroep met sowat 24 000 klein eilandjies), historiese en moderne boukuns (die ou stadskern Gamla Stan, waarvan die vroegste dele uit die 13de eeu dateer, is een van die grootste Middeleeuse stadsbuurte in Europa en uniek in sy soort), landelike voorstede en besige sakesentrum, en die lange, helder nagte van die Skandinawiese somer en kort winterdae gekenmerk. Vanweë sy ligging op veertien eilande word Stockholm as een van die pragtigste stede ter wêreld beskou en dikwels ook die "Venesië van die Noorde" genoem; sy 13de eeuse stigter het 'n strategiese plek gekies waar die uitgestrekte Mälarmeer in die Oossee uitmond. Water beslaan sowat 'n derde van Stockholm se oppervlakte sodat brûe en jaghawens 'n belangrike bestanddeel van die stad geword het. 'n Doeltreffende omgewingsbeleid het verseker dat hengelaars selfs in die middestad van Stockholm salms kan vang - die stad se wateroppervlaktes pronk in die algemeen met drinkwaterkwaliteit. Danksy die invloed van die see en die warm Golfstroom het Stockholm 'n gematigde klimaat met aangename somers en sneeuvalle tussen Januarie en Maart. Stockholm het lankal tot die belangrikste toeristebestemming in Skandinawië ontwikkel en vervul in baie opsigte 'n rol as die kulturele hoofstad van die Nordiese lande. Stockholm staan daarnaas internasionaal bekend as die moederstad van die Nobelprys. Inhoud - 1 Etimologie - 2 Geografie - 3 Klimaat - 4 Geskiedenis - 5 Besienswaardighede - 6 Verwysings - 7 Eksterne skakels Etimologie[wysig | wysig bron] Die oudste verwysings na die stad, wat die naam Stockholm gebruik, dateer uit die 13de eeu en kom in twee Latynse dokumente van Julie 1252 en 19 Augustus 1252 voor. Daar word aangeneem dat die stadsnaam van die versterkings tussen die Mälarmeer en die Oossee afgelei is wat met boomstamme (Sweeds: trästockar) gebou is. Volgens 'n ander teorie is die naam van die Oud-Sweedse woord stock afgelei wat letterlik "'n groep van" beteken het - Stockholm kan dus ook as "'n groep van eilande" vertaal word. Die naam in ander tale[1][wysig | wysig bron] Reeds in sy vroeë geskiedenis - die ontstaantydperk van die eerste skriftelike verwysings na Stockholm - het Finssprekende bewoners van die Botniese Golf se oostelike kusgebiede in die stad gevestig en dit Tukholma genoem (tukki is die Finse woord vir "boomstam"). Die groot aantal Duitssprekende inwoners het daarenteen die Sweedse benaming Stockhom bybehou. In twee van Swede se amptelike minderheidstale, Meänkieli (Tornedal-Fins) en Samies, word Stockholm respektiewelik Stokholmi en Stockholbma genoem. In Latyn word 'n kort vorm, Holmia, as benaming vir Stockholm gebruik. Byname[wysig | wysig bron] Stockholm se talle byname sluit "Venesië van die Noorde"[2] (Nordens Venedig), Eken ("Eikeboom"), "Pêrel van Europa" (Europas Pärla), Kungsbudane, en "Koningin van die Mälarmeer" (Mälardrottningen) in. 'n Bekende skertsnaam is Noll-åtta ("Nul-agt"). Die munisipaliteit Stockholm bemark die hoofstadgebied sedert 2006 as The Capital of Scandinavia ("Die Hoofstad van Skandinawië") en wys daarop dat die stad homself as die natuurlike middelpunt van Skandinawië, sy ekonomiese sentrum en toonaangewende kultuurstad beskou. Die bynaam en bewerings, wat daarmee gepaard gaan, het besware van ander Skandinawiese hoofstede uitgelok.[3] Geografie[wysig | wysig bron] Stockholm se landskapsvorm het in die loop van die stad se geskiedenis as gevolg van Skandinawië se postglasiale opheffing sterk verander. Stadsdele, wat vandag deel van die vasteland uitmaak, was enkele honderd jaar gelede nog eilande. 'n Seeboesem van die Oossee omsluit die stad in die ooste met talle inhamme, landtonge en sowat 24 000 rotseilande (sogenaamde skere). Hierdie eilandgebied word in Sweeds Skärgården genoem. Stockholm is by die uitmonding van die Mälarmeer (die Riddarfjärden) in die Oossee geleë. Die Mälarmeer strek oor 'n afstand van 120 kilometer in westelike rigting na die binneland. Slussen, 'n sluis in Stockholm se middestad, skei die Mälarmeer se soet water van die Oossee se soutwater in die ooste. Water bedek sowat dertig persent van die stad se totale oppervlakte. Die Mälarmeer is Stockholm se hoofsaaklike drinkwaterbron, en danksy die hoë watergehalte kan 'n mens selfs in die stadsentrum vir salms hengel. Stockholm is op veertien eilande geleë wat deur 53 brûe met mekaar verbind word. Bosgebiede beslaan eweneens 'n groot deel van die stadsgebied. 'n Grintmorene, wat tydens die Ystydperk as gevolg van vergletsering ontstaan het en deur die Mälarmeer se uitloop deurbreek is, loop in noord-suidelike rigting. Die eilande in die stroom is oorblyfsels van hierdie bergrug. Klimaat[wysig | wysig bron] Weergegewens vir Stockholm, 2002−2014; uiterstes sedert 1901 | ||||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Maand | Jan | Feb | Mar | Apr | Mei | Jun | Jul | Aug | Sep | Okt | Nov | Des | Jaar | Hoogste maksimum (°C) | 11,0 | 12,2 | 17,8 | 26,1 | 29,0 | 32,2 | 36,0 | 35,4 | 27,9 | 20,2 | 14,0 | 12,2 | 36,0 | Gemiddelde maksimum (°C) | 0,4 | 0,6 | 4,5 | 11,3 | 16,8 | 20,8 | 23,9 | 22,1 | 16,9 | 10,0 | 5,6 | 2,1 | 11,2 | Gemiddelde temperatuur (°C) | −1,5 | −1,4 | 1,5 | 7,0 | 12,1 | 16,2 | 19,6 | 18,3 | 13,6 | 7,6 | 3,8 | 0,2 | 8,0 | Gemiddelde minimum (°C) | −3,4 | −3,5 | −1,4 | 2,8 | 7,4 | 11,5 | 15,2 | 14,4 | 10,2 | 5,2 | 1,9 | −1,5 | 4,9 | Laagste minimum (°C) | −32 | −30 | −25,5 | −22,0 | −6,5 | 0,0 | 4,3 | 2,0 | −3,5 | −9,0 | −18 | −22,5 | −32,0 | Neerslag (mm) | 39 | 27 | 26 | 30 | 30 | 45 | 72 | 66 | 55 | 50 | 53 | 46 | 539 | Sonskynure (u/d) | 1,3 | 2,4 | 5,5 | 7,8 | 8,7 | 9,3 | 8,9 | 7,3 | 6,1 | 3,2 | 1,6 | 1,1 | 5,3 | Reëndae (d) | 10 | 7 | 7 | 7 | 7 | 7 | 10 | 10 | 10 | 9 | 11 | 10 | 105 | Bron: Sveriges meteorologiska och hydrologiska institut (SHMI) [4] | Geskiedenis[wysig | wysig bron] Vroeë geskiedenis[wysig | wysig bron] Die stadsgebied van Stockholm het op grondgesteente van gneiss en graniet ontstaan wat sowat twee miljard gelede gevorm het. Oor 'n tydperk van baie miljoen jare het krake in die gesteentelaag begin verskyn wat vanuit die noordweste in suidoostelike rigting loop en deur riviere geleidelik tot valleie omgeskep is. Die huidige mere Långsjön, Magelungen en Drevviken is die resultate van hierdie geologiese proses. Uiteindelik het breuke begin vorm wat in oos-westelike rigting loop en onder meer die huidige hoë, donker rotswande langs die noordoewer van Södermalm geskep het. Die breuke, wat in noordelike rigting loop, is drie miljoen jaar gelede deur 'n reeks ystydperke geslyp, terwyl hul suidelike eweknieë nie deur hierdie proses geraak is nie. Gedurende die laaste koue periodes van die Pleistoseen (70 000 tot 9 500 v.C.) het yslae met 'n dikte van tot by twee kilometer die streek bedek. Alhoewel die ys alle spore van vroeë lewe in die gebied uitgewis het, neem wetenskaplikes nogtans aan dat mense ongeag die gebrek aan ageologiese bewyse die streeks reeds voor die ystydperk bewoon het. Die oorblyfsels van 'n mammoet is in die stadsentrum van Stockholm opgegrawe. Toe die ys omstreeks 11 500 v.C. afgesmelt het, is die huidige stadsgebied aanvanklik deur water oorstroom sodat die destydse seevlak veertig meter hoër as vandag gestyg het, en eers later het die land geleidelik begin rys om die eerste klein eilandjies te vorm. Die bergrûe uit sand, gruis en rotse, wat deur die ys agtergelaat is, getuig nog steeds van die destydse spoed van jaarliks 250 meter waarmee die yslaag oor 'n periode van twee eeue teuggewyk het. Onder die yslaag het riviere eskers (of smeltwaterrûe) gevorm soos byvoorbeeld die uitgestrekte Brunkebergsåsen wat met sy steil hellings nog steeds 'n natuurlike versperring in die stadsentrum van Stockholm is. Aan die begin van die Steentydperk - sowat 1 000 jaar later - het die eerste mense hulle in die gebied gevestig wat destyds deur 'n relatief warm Mediterreense klimaat gekenmerk was. As gevolg van die postglasiale landopheffing is argeologiese oorblyfsels van hierdie nedersettings veraf van die huidige kus en die metropolitaanse gebied geleë. Vondse sluit 'n verskeidenheid werktuie in, waaronder pylpunte wat uit kwarts en vuursteen vervaardig is. Hierdie vroeë beskawing van jagters en versamelaars het hoofsaaklik jag op robbe gemaak. In die laat Steentydperk (omstreeks 4 200 tot 1 800 v.C.) het die plaaslike bewoners begin om permanente nedersettings op te rig, alhoewel die skaarste aan voedselbronne soms nog 'n tydelike nomadiese leefwyse noodsaaklik gemaak het. Behuisings is op sterk pale gebou wat in die grond geboor is. Grafvondse dui op 'n gevorderde beskawing wat steenbyle, keramiek, gesofistikeerde kledingstukke en ander indrukwekkende gebruiksgoedere vervaardig het. As die hoofstad van die Mälarvallei het Stockholm twee historiese voorlopers - Birka (omstreeks 790–975 n.C.) en Sigtuna, wat nog steeds bestaan en die gebied in die periode tussen 1000 en 1240 oorheers het. Daarna het Stockholm se opgang begin. Die Middeleeue[wysig | wysig bron] Historiese dokumente, wat na Stockholm verwys, het eers lank ná die stad se stigting ontstaan, en min is bekend oor die ontwikkeling van Stockholm in die middel van die 13de eeu. Dokumente soos briewe en dagboeke, wat uit hierdie periode bewaar gebly het, dui egter daarop dat Stockholm in die laat 1270's en dwarsdeur die 1280's vinnig gegroei het om uiteindelik die grootste stad in die land te word. Geskiedkundiges het nog nie konsensus bereik oor die agtergrond van hierdie groei nie. Dit was moontlik 'n beplande ontwikkeling wat deur die Sweedse koning en Duitse handelaars aan die gang gesit is, of Stockholm het skielik begin groei. Destyds het strate 'n stad gewoonlik soos die blokke op 'n skaakbord verdeel, veral in Duitsland en Pole, maar hierdie soort straatrooster word in die Middeleeuse Stockholm nie aangetref nie sodat die tweede hipotese meer waarskynlik lyk. Die Middeleeuse Erik-kroniek uit die jaar 1252 verwys na die heerser Birger Jarl as die stigter van Stockholm. Hy was omstreeks 1250 blykbaar van plan om 'n vesting te bou wat die Mälarmeer teen plunderings deur seerowers sou beskerm, maar moontlik ook om sy posisie in Swede te versterk en ekonomiese groei te bevorder. Swede was destyds al vyftig jaar lank in 'n verbete stryd van verskillende politieke faksies verwikkel en kon die bou van die eerste werklike stad in die land nouliks bekostig. Volgens 'n ooreenkoms met die magtige Duitse Hansestad Lübeck het Birger Jarl Duitsers uitgenooi om hulle as nuwe burgers in Swede te vestig en sekere voorregte aan voornemende immigrante toegesê. Terwyl daar geen historiese dokumente bewaar gebly het wat na Duitse setlaars as die stigters, beplanners en boumeesters van Stockholm verwys nie, berig destydse bronne oor die vestiging van groot getalle Duitsers in Swede en die gelyktydige begin van mynbou-aktiwiteite in die land. Maar eers onder die heerskappy van Magnus Ladulås (1275–1290) het Stockholm 'n werklike ekonomiese deurbraak ervaar. Magnus het nie alleen die politieke en ekonomiese bande met Lübeck en die Hansebond verstewig, maar ook die Sweedse invloedsfeer na Gotland en die stad Visby uitgebrei en die administrasie van Swede gestabiliseer. Gedurende sy regentskap het 'n aantal handelsentra stadstatus verkry, en alhoewel die term "hoofstad" waarskynlik nog nie in sy politieke woordeskat voorgekom het nie, het Magnus van Stockholm nogtans de facto tot die administratiewe sentrum en koninklike setel van Swede verhef. Die kasteel, wat deur Birger Jarl opgerig is, en die beskerming wat dit kon bied was die voorvereiste om 'n Middeleeuse stad te skep wat aan kontinentale Europese standaarde kon voldoen, en in Magnus se tyd het Swede uiteindelik ook oor die nodige organisasievernuf en finansiële bates beskik om 'n sodanige ontwikkelingsproses aan die gang te sit. Die stadsmuur van Stockholm was een van die grootskaalse bouprojekte wat die kapasiteit en vermoë van 'n heerser geverg het en nie deur die bewoners van 'n nuutgestigte nedersetting sou kon bekostig word nie. Die handels- en uitvoerbedryf is gedurende die Middeleeue deur Duitse koopmans oorheers (volgens historiese belastingdokumente, die sogenaamde skatteböcker, was sowat 'n derde van Stockholm se belastingbetalers boorlinge van Duitse stede en gebiede soos Lübeck, Danzig en Wesfale). Die meeste van Stockholm se koopmans het op of naby die pleine Kornhamnstorg ("Koringhaweplein") en Järntorget ("Ysterplein") in die suidelike hoek van die stad gewoon. Die plaaslike boeregemeenskappe van die omgewing het Stockholm van voedsel en roumateriale voorsien, terwyl die plaaslike ambagsmanne hul goedere binne die stadsmuur vervaardig het. Hulle was op die sentrale plein van Stockholm, Stortorget, gekonsentreer of het in die twee oudste strate in die stadsentrum gewoon wat nog steeds na die ou ambagte verwys: Köpmangatan ("Koopmansstraat") en Skomakargatan ("Skoenmakerstraat"). Vissers en timmermans het veral die buurt langs die oostelike waterkant bewoon, met uitsondering van die suidelike strook wat naby die sogenaamde Koggahamnen ("Koggehawe") geleë was waar die koopmans se groot seevarende skepe voor anker gelê het. Die westelike gedeelte van Stockholm langs die deurgangspad Västerlånggatan het 'n soort vroeë nywerheidsentrum gevorm wat deur 'n groot verskeidenheid ambagsmanne bewoon is, waaronder slagters, smede, timmermans en bakkers. Die koninklike kasteel was in die noordelike gedeelte van die eiland Stadsholmen geleë. Die laat 15de eeuse bevolking van Stockholm het volgens beramings van geskiedkundiges tussen 5 000 en 7 000 mense beloop sodat die stad selfs in 'n Middeleeuse konteks in vergelyking met Parys (100 000 inwoners), Londen en Keulen (40 000), Lübeck (25 000), Hamburg en Bremen (omstreeks 20 000) as 'n relatief klein nedersetting beskou moet word. Stockholm was nogtans by verre die grootste stedelike sentrum in die Sweedse koninkryk waar die tweede grootste stad, Kalmar of Åbo, nie meer as tussen 1 000 en 2 000 mense gehuisves het nie. In die onstuimige Laat-Middeleeuse tydperk was die beheer oor Stockholm en sy kasteel 'n beslissende faktor in enige Sweedse magstryd. Stockholm is derhalwe verskeie kere aan langdurige blokkades blootgestel en verskeie kere deur Sweedse en Deense faksies beleër wat die Kalmarunie betwis het. In 1471 het Sten Sture die Ouere koning Christiaan I van Denemarke in die Slag van Brunkeberg verslaan, maar is in 1497 gedwing om Stockholm weer aan Hans van Denemarke af te staan. Sten Sture het in 1501 weer die mag oorgeneem en sodoende 'n Deense blokkade uitgedaag wat van 1502 tot in 1509 voortgeduur het en uiteindelik met 'n kortstondige vredesluiting besleg is. Hans se seun, Christiaan II van Denemarke, het dieselfde ambisies soos sy vader gehad en in die jare 1517 en 1518 twee pogings onderneem om die stad te verower. Uiteindelik het hy Stockholm beleër en koningin Christina Gyllenstierna sodoende gedwing om in 1520 te kapituleer. In November van dieselfde jaar het aartsbiskop Gustav Trolle sy bondgenoot Christian van Swede gekroon. Gesamentlik het hulle in die sogenaamde Bloedbad van Stockholm met hul gemeenskaplike vyande, 'n aantal plaaslike adellikes en ander burgers, afgereken en hulle laat onthoof. Toe koning Gustav Wasa Stockholm drie jaar later beleër en ingeneem het ('n historiese gebeurtenis wat die einde van die Kalmarunie en die Sweedse Middeleeue gemarkeer het), het hy elke tweede huis verlate aangetref. Die Wasa-tydperk: Reformasie en ekonomiese opswaai[wysig | wysig bron] Nog op die dag van sy intog in Stockholm het Gustav Wasa aan alle burgers, wat verkies het om in die stad te bly, die beskerming van hul lewens en eiendom gewaarborg, en vir diegenes, wat besluit het om Stockholm te verlaat, die reg om hul besittings saam te neem mits hulle hul huise op die koning sou oordra. Die koning het uiteindelik in 1529 ook die vroeëre voorregte van Stockholm herstel. Die burgers het nou byna weer dieselfde voorregte geniet soos in die jaar 1436, waaronder die monopolie op verskeie belangrike handelsektore. Om sy beheer oor die stad te verseker, het die monarg - net soos koning Christian voor hom - regstreeks invloed op die verkiesing van raadslede en magistrate uitgeoefen. Aanvanklik het die wette van die landelike distrikte, wat die benoeming van regters in die sogenaamde häradshövdingar gereël het, 'n teengewig teen die koninklike invloed gevorm aangesien hulle bepaal het dat die koning die mees bekwame leier onder drie kandidate moes kies. Vanweë Gustav Wasa se sterk posisie het hierdie wette sy invloed nie werklik begrens nie, en daar was nouliks sprake van 'n skeiding tussen die regspraak van die Sweedse staat en dié van die stad waarin die owerhede gesetel was. Teen die middel van die eeu is die aantal raadslede van twaalf tot negentien verhoog, nie alleen om die bestuur van Stockholm op 'n professionele basis te bedryf nie, maar ook om aan die staat meer beheer oor die handelsaktiwiteite te gee. Hierdie eise van staatskant af het 'n swaar las op die raadslede van Stockholm geplaas, wat hul amp nog steeds as vrywilligers beklee het en meestal self koopmans was. Stockholm het sodoende baie van die onafhanklikheid, wat dit nog in die Middeleeue geniet het, ingeboet om in politieke en finansiële opsig onder die beheer van die staat te bly. As gevolg van die Bloedbad van Stockholm, waarin talle bekende burgers vermoor is, was Gustav Wasa nie net in staat om na goeddunke nuwe magistrate te benoem nie, maar kon daarnaas ook kerke en ander religieuse instellings dwing om groot hoeveelhede goud- en silwervoorwerpe aan hom oor te handig: Die kerkskatte was vir die koning 'n welkome ekstra inkomste om sy oorlogskuldlas in Lübeck af te betaal. Met die geestelike Olaus Petri (1493–1552), wat hy tot stadsekretaris benoem het, het die koning oor 'n bondgenoot beskik om die nuwe gedagtes van die Protestantse Hervorming binne 'n kort tydperk ook in die praktyk toe te pas. Vanaf 1525 is preke in Sweeds gehou, terwyl Latyn as kerktaal in 1530 afgeskaf is. Vir die groot aantal Duits- en Finssprekende burgers is in 1530 Duitse en Finse kerkgemeentes gestig wat vandag nog steeds bestaan. Die besluit om godsdienstige welsynsorganisasies tot een enkele instelling saam te smelt, het egter rampspoedige gevolge vir gestremde burgers ingehou - die nuwe organisasie was nie meer in staat om sy dienste in dieselfde omvang soos sy voorgangers aan te bied. Die afsterwe van Gustav Wasa het met groot veranderings in die plaaslike regering gepaard gegaan. Gedurende die heerskappy van sy seuns in die periode tussen 1561 en 1611 is die stadsraad steeds deur 'n verteenwoordiger van die kroon begelei, terwyl raadslede en magistrate deur die koning benoem is. Toe Erik XIV in 1561 as koning van Swede bekroon is, het die titel erflik geword. Die staat het sy inkomste nou nie meer uit koninklike besittings en voorregte verkry nie, maar is uit belasting gefinansieer. Met die geleidelike ontbinding van die Duitse Ridderorde het Swede die geleentheid gekry om sy magsfeer na die Baltiese lande uit te brei; die stad Reval (tans Tallinn) het die Sweedse koning as beskermheer teen Rusland en Pole verwelkom. Swede het in hierdie periode nog steeds nie oor die regeringsinsinstansies en burokrasie beskik waardeur Stockholm tot 'n ware administratiewe sentrum sou kon ontwikkel het nie, tog het koning Erik XIV alles gedoen om met dieselfde skitterende hofhouding te pronk soos sy eweknieë elders in Europa. Die koninklike kasteel het sodoende tot die beduidendste werkgewer in Stockholm ontwikkel wat tussen twee derdes en driekwart van die stad se totale invoere verbruik het. Stormaktstiden 1611–1718: Swede as Europese groot moondheid[wysig | wysig bron] Ná die Dertigjarige Oorlog (1618–1648) het Swede as 'n nuwe groot moondheid op die Europese toneel verskyn - en die land was nou besig om van Stockholm 'n waardige hoofstad te maak. Die stad se middeleeuse karakter het immers ná die afsterwe van koning Gustav II Adolf (1594–1632) 'n verleentheid vir die Sweedse owerheid geskep. Daar is gevrees dat die jammerlike toestand van Stockholm die gesag van die Sweedse koninkryk sou kon ondermyn, en die owerheid het gevolglik geskroom om buitelandse staatsmanne hier te ontvang. Volgens die beginsels van die destydse merkantilistiese stelsel is handel en nywerhede in stede gekonsentreer waar hulle maklik beheer kon word. Stockholm het hierby 'n sentrale rol gespeel. Die Sweedse kanselier Axel Oxenstierna (1583–1654) het in 1636 in 'n brief daarop gewys dat die ontwikkeling van Stockholm 'n voorvereiste vir 'n magtige Sweedse staat sou wees en daarnaas ook die groei van ander stedelike nedersettings in die land sou bevorder. Die Sweedse staat het gevolglik aktief by Stockholm se bestuur betrokke geraak. Die stadsregering is hervorm, en die vrywilligers, wat tot dusver as magistrate gefungeer het, is geleidelik deur professioneel opgeleide personeel vervang. Bevolking en stadsbeplanning[wysig | wysig bron] In 1625 het 'n groot brandramp, waardeur die suidwestelike deel van die huidige ou stad vernietig is, die aanleiding tot die herkonstruksie van Stockholm gegee. Twee nuwe breë strate, Stora Nygatan en Lilla Nygatan, is aangelê, terwyl die middeleeuse stadsmuur langs die oostelike see-oewer plek moes maak vir 'n reeks statige paleise - Skeppsbron. Die destydse stadsbeplanning het daarnaas voorsiening gemaak vir breë stervormige reguit lane in die bergrûens rondom die stadskern - Norrmalm, Östermalm, Kungsholmen en Södermalm. Hierdie projek is so grondig uitgevoer dat in sommige stadsdele geen spore van die vorige middeleeuse geboue bewaar gebly het nie. Baie van die strate uit hierdie tydperk bestaan steeds, terwyl ander voorgestelde strate met klein aanpassings aangelê is. Stockholm se bevolking het van minder as 10 000 in die vroeë 17de eeu tot meer as 50 000 in die middel van die 1670's gegroei. Daarmee gepaardgaande het die stedelike inkomste van 18 595 Sweedse riksdaler in 1635–36 gestyg tot 81 480 daler in 1644. In 1642 is sowat sestig persent van hierdie bedrag aan bouprojekte bestee. Handel[wysig | wysig bron] Volgens die sogenaamde Bottniska handelstvånget is ander Sweedse stede van hul voorregte ten opsigte van uitvoere ontneem. Aan die meeste van hulle is 'n beperkte handelsmonopolie vir hul onmiddellike omgewing toegestaan, terwyl Stockholm met die meeste lande rondom die Botniese Golf handel kon dryf. Hierdie monopolie was egter nie die enigste voordeel wat Stockholm in hierdie periode geniet het nie - die stad het immers ook oor die beste natuurlike seehawe van sy tyd beskik. Gedurende die 17de eeu het talle buitelandse besoekers hul bewondering uitgespreek vir die tipiese hawetoneel met groot skepe wat langs die oostelike kaai digby die koninklike kasteel geanker was en dikwels "oor 60 of 70 kanonne" beskik het. In teenstelling met ander Sweedse stede, wat almal selfversorgend was, was Stockholm heeltemal afhanklik van die handelstrome wat sy hawe gehanteer het. So was die aantal vee, wat in die hoofstad aangehou is, net so groot as dié van Uppsala, al het sy bevolking slegs 'n tiende van dié van Stockholm beloop. Alle goedere, wat in Stockholm aangekom het, moes deur een van ses plaaslike doeaneposte gaan. Sowat driekwart hiervan is vanuit Stockholm na ander bestemmings uitgevoer. Sowat die helfte van die oorblywende goedere, veral visseryprodukte, is uit die Baltiese lande ingevoer, terwyl graan uit die Mälaren-meergebied na Stockholm vervoer is. Weens die vinnig groeiende stadsbevolking kon dié gebied in die tweede helfte van die eeu nie meer in die vraag voorsien nie, en Stockholm het in 'n toenemende mate afhanklik geword van graaninvoere uit die provinsies. In die 16de eeuse internasionale handel het Swede eerder 'n passiewe rol gespeel - die uitvoer van Sweedse goedere soos yster, ru-koper en botter is deur Duitse handelaars en skepe behartig. Hierdie uitvoere is grotendeels as 'n middel beskou om die invoer van goedere te verseker wat plaaslik nie beskikbaar was nie - soos sout, wyn en luukse goedere vir die koninklike hofhouding. Die invoering van merkantilistiese handelsbeginsels omstreeks 1620 het van die handel 'n sleutelbedryf vir staatsinkomste gemaak, en Swede het begin om homself op die uitvoer van verwerkte goedere eerder as grondstowwe toe te spits. Oor die hele tydperk tussen 1590 en 1685 het Stockholm se bydrae tot die nasionale ekonomie sowat twee derdes beloop, maar gedurende die eerste helfte van die 17de eeu het uitvoere vervierdubbel en invoere vervyfdubbel. Die belangrikste markte vir Sweedse uitvoere was Nederland (teen die middel van die 17de eeu) en Groot-Brittanje (in die vroeë 18de eeu). Die Vryheidstydperk (1718–1772)[wysig | wysig bron] Ná die Russiese besetting van Finland en die Vrede van Nystad in 1722 was Swede se rol as Europese groot moondheid uitgespeel - en die volgende dekades is deur nóg rampspoedige gebeurtenisse oorskadu. Die Swart Dood en die lyding wat deur die Groot Nordiese Oorlog veroorsaak is, het Stockholm afgeskaal tot die hoofstad van 'n swakker nasie. In 1809 moes Swede Finland aan Rusland afstaan - 'n verlies waarvoor selfs die unie met Noorweë in 1814 nie vergoed het nie. So was Stockholm in die eeu tussen 1750 en 1850 'n stagnerende stad met 'n krimpende bevolking wat onder grootskaalse werkloosheid gebuk gegaan het. Swak gesondheidstoestande, armoede, drankmisbruik en 'n hoë sterftesyfer het die ekonomiese invloed van Stockholm en die Mälaren-meergebied ten gunste van Suidwes-Swede verminder en klasverskille geleidelik uitgewis. Oorloë en drankmisbruik het die manlike bevolking laat krimp - so het die getal weduwees dié van wewenaars in 1850 met ses teen een oortref. Die groot aantal ongetroudes en hoë kindersterftesyfers het ook die persentasie-aandeel van kinders laat krimp. Die gemiddelde lewensverwagting was beperk tot 44 jaar, alhoewel die lewensverwagting vir Stockholmers, wat hulle kinderjare oorleef het en geen harde werk moes verrig, op dieselfde peil was soos dié van huidige inwoners. Besienswaardighede[wysig | wysig bron] - Die Klara-kerk Verwysings[wysig | wysig bron] - http://www.yr.no/place/Sweden/Stockholm/Stockholm/ - Lys die naam van die stad in ander tale. - http://www.triviaasylum.com/lists/cities.html - Dagsavisen: Stockholm forarger. 16 Maart 2006 - ( ) "Års- och månadsstatistik: (Jaarliks en maandliks statistiek)". Sveriges meteorologiska och hydrologiska institut. Mei 2015. Besoek op 22 Julie 2015. Eksterne skakels[wysig | wysig bron] Wikimedia Commons bevat media in verband met Stockholm. |
<urn:uuid:30daabf9-5278-4dc6-b716-a67e25ef17a5>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Stockholm
2019-07-19T12:28:03Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526237.47/warc/CC-MAIN-20190719115720-20190719141720-00330.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999988
false
1788 Jump to navigation Jump to search 1788 | ◄ | 17de eeu | ◄18de eeu► | 19de eeu | ► | Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal | Sien ook: Kategorie:1788 | Kalenders | | Sydney Cove | | Die jaar 1788 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 88ste jaar van die 18de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad. Gebeure[wysig | wysig bron] - 1 Januarie – Die eerste uitgawe van The Times word gepubliseer. - 2 Januarie – Georgia word die 4de deelstaat van die Verenigde State. - 9 Januarie – Connecticut word die 5de deelstaat van die Verenigde State. - 26 Januarie – Die Britse Eerste Vloot, gelei deur Kaptein Arthur Phillip, land by Sydney Cove net buite die hedendaagse Sydney om die eerste permanente Europese vesting in Australië te vestig. - 6 Februarie – Massachusetts word die 6de deelstaat van die Verenigde State. - 21 Maart – 'n Brand verwoes die Amerikaanse stad New Orleans. - 7 April – Pous Pius VI stel José Francisco Miguel António de Mendoça, patriarg van Lissabon, aan as kardinaal. - 28 April – Maryland word die 7de deelstaat van die Verenigde State. - 23 Mei – Suid-Carolina word die 8ste deelstaat van die Verenigde State. - 21 Junie – New Hampshire word die 9de deelstaat van die Verenigde State. - 25 Junie – Virginië word die 10de deelstaat van die Verenigde State. - 26 Julie – New York word die 11de deelstaat van die Verenigde State. - 15 Desember – Pous Pius VI stel Etienne-Charles de Loménie de Brienne, aartsbiskop van Sens, Frankryk aan as kardinaal. Geboortes[wysig | wysig bron] - 22 Januarie – Lord Byron, Britse outeur en digter († 1824). - Onbekend – Elisha Collier, 'n Amerikaanse ontwerper wat die flintlock-rewolwer uitgevind het († 1856).
<urn:uuid:763547fc-aa9d-4536-a38b-f0c1181125b8>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/1788
2019-07-20T18:35:25Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526560.40/warc/CC-MAIN-20190720173623-20190720195623-00490.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999905
false
Basis Natriumhidroksied — NaOH | Koperoksied — CuO | Kaliumhidroksied — KOH | Sinkoksiet — ZnO | Kalsiumhidroksied — Ca(OH)2 | Ysteroksied — Fe2O3 | Metaaloksiede en -hidroksiede is basisse. Nie alle basisse los in water op nie. 'n Basis wat in water oplos, word 'n alkali genoem. Basisse in alledaagse gebruik[wysig | wysig bron] Tandepasta is 'n voorbeeld van 'n alkalie wat 'n suur neutraliseer. Bakterieë op tande verteer suikers en produseer sure. Die sure los die kalsiumkarbonaat in tande op, en veroorsaak tandbederf (gaatjies in tande wat ook tandpyn meebring). Een effek van die gereelde gebruik van tandepasta is om die suur te neutraliseer en dus tandbederf te voorkom. Dreinskoonmaker is 'n voorbeeld van 'n alkali wat gebruik word om vette en olie op te los. Olie en vet van kos sit in afvoerpype vas en blokkeer stadigaan pype. Natriumhidroksied reageer met die vette en olie om seep te vorm. Seep is oplosbaar in water en word maklik weggespoel.
<urn:uuid:430b8eec-6309-4fe8-8a31-06d9acb71335>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Basis
2019-07-20T18:29:05Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526560.40/warc/CC-MAIN-20190720173623-20190720195623-00490.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999778
false
aloès Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek. Jump to navigation Jump to search Inhoud 1 Frans (fr) 1.1 Uitspraak 1.2 Selfstandige naamwoord 1.2.1 Betekenisse Frans (fr) Enkelvoud Meervoud (sonder lidwoord) aloès m aloès (met lidwoord) l'aloès les aloès Uitspraak Hulp:IPA : [ a.lɔ.ɛs ] Selfstandige naamwoord Betekenisse ( plantkunde ) Aalwyn . Ontsluit van " https://af.wiktionary.org/w/index.php?title=aloès&oldid=184373 " Kategorieë : Woorde in Frans Selfstandige naamwoorde in Frans Plantkunde in Frans Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Onlangse wysigings Lukrake woord Lukrake Afr. woord Woord begin met... Kategorieë Inligting Geselshoekie Huidige gebeure Hulp Skenkings Druk/eksporteer Skep boek Laai af as PDF Drukbare weergawe Gereedskap Skakels hierheen Verwante veranderings Laai lêer Spesiale bladsye Permanente skakel Bladinligting Haal dié blad aan Ander tale Deutsch English Esperanto Eesti Suomi Français Ido 한국어 Malagasy Polski Tiếng Việt 中文 Die bladsy is laas op 17 Februarie 2018 om 03:39 bygewerk. Die teks is beskikbaar onder die lisensie Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel . Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting. Privaatheidsbeleid Inligting oor Wiktionary Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:68329627-1d7b-4115-a59e-dc65554c05ff>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wiktionary.org/wiki/alo%C3%A8s
2019-07-19T12:04:21Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526237.47/warc/CC-MAIN-20190719115720-20190719141720-00354.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.996597
false
oncia Jump to navigation Jump to search Enkelvoud | Meervoud | | ---|---|---| (sonder lidwoord) | oncia | once | (met lidwoord) | l'oncia | le once | - Ons, sestiende deel van die gewig van 'n pond; 28,349523125 gram.
<urn:uuid:b237c4f1-3beb-4842-8131-2ef2f04dcfbb>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wiktionary.org/wiki/oncia
2019-07-19T12:21:24Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526237.47/warc/CC-MAIN-20190719115720-20190719141720-00354.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.790258
false
Abstract This article is the result of a thesis, submitted in 2015, with the following title: A Pastoral-Theological Study of Effective and Responsible Leadership of the Afrikaans-Speaking Minister in the Congregation’s Call. The problem investigated regards the fact that leadership in the church is not defined properly and, as a result, no clear guidance exists for ministers on what is expected of them as leaders. This article focuses on Paul as leader of the New Testament church. An exegetical investigation of Philippians 3:1-16 will be conducted to determine what this passage reveals about his strengths as a leader. Inleiding en probleemstelling Ons leef in ’n tyd waarin lidmate hoë verwagtings van kerkleiers het. Daar word van hulle verwag om goeie predikers te moet wees, om ’n morele lewe te lei, om hulle gemeentes te laat groei en om ’n duidelike missie en visie te hê, om maar enkele verwagtings te noem. Daar is ’n gesegde wat lui: The fate of the nation, humanly speaking, rests in the hands of the church, and the fate of the church rests in the hands of its leaders (Rardin 1998:1). Die leiers in die kerk bepaal in ’n groot mate die voortbestaan, geestelike welsyn en morele waardes van die samelewing. Die vraag is watter leierseienskappe die predikant moet hê om sy verantwoordelikheid na te kom. Die doel van hierdie artikel is om ondersoek in te stel na die leierseienskappe van Paulus soos blyk uit sy skrywe aan die gemeente van Filippi. Deur die eksegese van Filippense 3:1-161 sal probeer word om vas te stel wat Paulus self as belangrike leierseienskappe in sy lewe beskou het en hoe hy as leier ontwikkel het. Die metode wat gevolg word, is ’n grammaties-historiese eksegese (vgl. De Klerk & Janse van Rensburg 2005; Lotter 1993:11). ’n Eksegetiese ondersoek van 3:1-16 Die klem val op die volgende aspekte: - Die leierseienskap wat Paulus in sy reaksie teenoor die dwaalleraars toon. - Paulus se begronding vir sy status as leier voor sy bekering. - Paulus se doelwitte as leier ná sy bekering. - Paulus se inspanning as leier van die kerk ná sy bekering. Die leierseienskap wat Paulus in sy reaksie teenoor die dwaalleraars toon (Fil 3:1-2) Filippense 2 sluit af met Paulus wat vir Timoteus en Epafroditos loof vir die onbaatsugtige werk wat hulle in diens van Christus gedoen het. Albei hierdie mans het ander mense se belange bo hulle eie gestel en sodoende het hulle ’n voorbeeld van ware Christus-diens geword (Melick 1991).2 Met hierdie onbaatsugtige diens in gedagte begin Paulus in Filippense 3 deur te konsentreer op mense wat presies die teenoorgestelde gesindheid gehad het, naamlik die dwaalleraars. Paulus noem hulle ‘honde’ (Kυνός) omdat hulle deur hulle dade mense uitmekaar skeur. Calvyn en Pringle (2010) verklaar die gebruik van hierdie beeld soos volg: … for the sake of filling their belly, they assailed true doctrine with their impure barking. Accordingly, it is as though he had said, – impure or profane persons … Paulus het die wysheid gehad om deur hierdie dwaalleraars te sien. Hulle is onrein omdat hulle dink dat hulle God se werk doen, maar intussen maak hulle staat op uiterlike dinge soos die besnydenis (Van Zyl 1993). Hierdie dwaalleraars vestig, volgens Müller (1992), hulle hoop op verlossing deur die besnydenis en deeglike wetsonderhouding in plaas van die heilswerk van Christus. Carson et al. (1994) vat dit raak saam wanneer hulle sê dat dit vir hierdie dwaalleraars waarna Paulus verwys eerder daaroor gegaan het om van die heidene Jode te maak in plaas van dissipels van Christus. Paulus wou seker maak dat die gelowiges in Filippi nie deur die toedoen van hierdie dwaalleraars in ’n wettiese benadering tot godsdiens verval nie, maar dat hulle self ook die onderskeidingsvermoë sal hê om deur die dwaalleraars te sien. Daarom het hy hom herhaaldelik daaroor uitgespreek (vgl. 3:1). Vosloo en Van Rensburg (1999) maak die volgende opmerking: … dit [kan] so maklik gebeur dat mens aan hierdie uiterlike dinge te veel waarde heg, dat jy jou sekerheid, jou geloofsekerheid, aan uiterlike, sigbare dinge koppel. Jou grootste vreugde ervaar jy dan wanneer hierdie uiterlike, sigbare dinge nie verander nie. Maar ook die omgekeerde: jou grootste ontsteltenis ervaar jy wanneer sulke dinge wel verander. Dit is daarom belangrik dat die gelowige nie sy geloofsekerheid in kulturele gebruike moet soek nie maar in Christus. Wiersbe (1992) ondersteun hierdie stelling: Paul was religious before he was saved, but his religion could not save him. He had to lose his religion in order to find eternal life! In ware godsdiens plaas die mens nie sy vertroue op uiterlike dinge nie, maar alleen op Jesus die Christus (1 Kor 1:31; Jer 9:23-24). In Hom ontdek die gelowige wat ware blydskap is. Verder sê Vosloo en Van Rensburg (1993) dat dinge wat ’n mens bly en hartseer maak, boekdele spreek oor wat werklik vir jou belangrik is. Dit gebeur so maklik dat gelowiges se gemoedere deur hulle omstandighede beïnvloed word. Paulus wys egter dat hy die nodige onderskeidingsvermoë gehad het om te besef dat ware blydskap alleen in Christus te vinde is (vgl. 1:4; 18-20; 2:17; 3:1; 4:4). Christus moet die gelowige se grootste skat wees (vgl. Matt 6:21) en daarom is Christus die bron van alle ware blydskap (Van Zyl 1993). Dit is hierdie blydskap in Christus wat niks of niemand van die gelowige kan wegneem nie (Joh 16:22). Daarmee stel Paulus dit van die begin van Filippense (vs. 1:18, 2:17; 3:1) af baie duidelik dat die spil van ware blydskap in Christus is en nie in uiterlike dinge nie (vgl. 1:3). Uit die beredenering hierbo is dit duidelik dat Paulus in sy optrede en leer onderskeidingsvermoë getoon het: Paulus het ingesien dat wettiese godsdiens ’n valse godsdiens is en daarom het hy die gelowiges teen hierdie dwaalleer gewaarsku. Die ware godsdiens is geestelik omdat dit uit ’n opregte hart voortvloei (Joh 7:38), ’n hart wat deur die Heilige Gees vernuwe is. Verder het Paulus die gelowiges geleer dat hulle blydskap in Christus se werk moet setel en nie in hulle eie onvolmaakte arbeid nie. Sodoende sal hulle geluk nie deur onsekere omstandighede beïnvloed word nie. Paulus se begronding vir sy status as leier voor sy bekering (3:3-6) MacArthur (2001) meen dat Paulus se mededeling oor sy lewe voor sy bekering (3:4-11) bedoel is om aan te dui hoe drastiese sy lewe verander het ná sy persoonlike ontmoeting met Jesus Christus, (vgl. Hand 9:1-9). Dit was ’n ontmoeting wat hom van die mees gevreesde vervolger van die kerk (Hand 9:13-14) in die mees geliefde apostel laat verander het. Die biografiese besonderhede wat Paulus in 3:5-6 gee, kan in twee kategorieë verdeel word, naamlik die bates wat hy oorgeërf het (die eerste drie; vgl. onderstaande opskrif ‘Oorgeërfde bates wat Paulus se status as leier bepaal het’) en die dinge waarvoor hy gewerk het (die laaste vier; vgl. opskrif ‘Bates waarvoor Paulus hard gewerk het as die grond vir sy status’) (MacArthur 2001; Melick 1991). Hierdie bates het Paulus se identiteit as leier voor sy bekering bepaal. Oorgeërfde bates wat Paulus se status as leier bepaal het (3:5a) Die eerste bate wat Paulus noem, is sy besnydenis op die agste dag. Die Mosaïese wet het voorgeskryf dat Joodse seuntjies op die agste dag na hulle geboorte besny moes word. Hawthorne (2004) beweer dat dit vir ’n Jood die grootste trots was om te kon sê dat hy die besnydenis streng volgens die voorskrifte van die Mosaïese wet ondergaan het (vgl. Lev 12:3). Verder was Paulus se geboorte as Israeliet, volgens MacArthur (2001), belangrik omdat dit daarop dui dat hy deel was van God se uitverkore volk waarvan die Here self gesê het: ‘Ek het net vir julle uitgekies uit al die volke van die aarde …’ (Am 3:2). Dit het meegebring dat Paulus daarop kon aanspraak maak dat hy net soos enige ander Jood geregtig was op al die voordele van die volk van God. Laastens blyk dit uit verskillende kommentare (Hawthorne 2004; MacArthur 2001; Robertson 1933; Vincent 1887) dat daar tot 10 verskillende redes is hoekom Paulus daarop sou kon roem dat hy uit die stam van Benjamin gebore is. Enkele van hierdie redes is dat, van al die kinders van Jakob, dit net Benjamin was wat in die beloofde land gebore is. Baie mense met hoë aansien in die volk se geskiedenis is uit die stam gebore, byvoorbeeld Saul, die eerste koning van Israel (1 Sam 9:1-2), en Mordegai, wat daartoe bygedra het dat Israel van totale uitwissing gered is (vgl. die boek Ester). Boonop was die heilige stad, Jerusalem, en die tempel geleë binne die grense wat aan Benjamin toegeken is. Dit is dus duidelik dat Paulus sy waardigheid en status as leier van God se volk in sy oorgeërfde bates sou kon soek. Bates waarvoor Paulus hard gewerk het as die grond vir sy status (3:5b-6) Dat Paulus noem dat hy ’n egte Hebreër is. Dit dui moontlik daarop dat hy die volkstaal kon praat, naamlik Hebreeus (Hand 22:2). Hy is dus opgevoed in ’n eg Joodse leefwyse (Hawthorne 2004) wat dikwels groot opoffering en harde werk beteken het. Verder was hy in wetsopvatting ’n Fariseër. Die Fariseërs was bekend vir hulle liefde vir die wet en die streng interpretasie en toepassing daarvan (Melick 1991). MacArthur (2001) skryf: To be a Pharisee was to be a member of an elite, influential, and highly respected group of men who fastidiously lived to know, interpret, guard, and obey the Law. Hierdie wet, wat hulle so getrou nagekom het, is deur die rabbi’s van die tyd geskryf en saamgestel. Vervolgens noem Paulus dat hy ’n vervolger van die kerk was. Daardeur wil Paulus wys dat hy sy liefde vir sy godsdiens en sy volk bewys het deur die kerk te vervolg. Laastens noem Paulus dat hy onberispelik was in die onderhouding van die wet van Moses om vryspraak te verkry. Hier gaan dit daaroor dat Paulus nooit daarvan beskuldig kon word dat hy enige van die wette wat deur die rabbi’s gemaak is, oortree het nie (Robertson 1933). In die publiek se oë was hy sonder blaam (Melick 1991). Dit is belangrik om te sien dat die dinge wat Paulus hier noem nie op sigself verkeerd was nie. Baie van hierdie sake was immers voorskrifte wat in die wet voorgeskryf is (bv. die besnydenis en onderhouding van die wet). Die probleem was egter dat die streng navolging van hierdie sake die fokus na homself geskuif het. Deur hierdie sake volkome na te kom was vir hom ’n poging om sy eie verlossing te bewerk. Paulus noem hierdie voortreflikhede omdat sy status as leier van die volk van God gebaseer sou kon word op die ywer en opofferings wat hy as leier gemaak het. Nadat hy Christus egter ontmoet het, verander sy selfbeskouing (vgl. Fil 3:12; Rom 7:7-12). Die gelowige se kliphart word verwyder (Eseg 11:19; Rom 2:29) sodat hy kan insien dat dit vir God oor meer as die nakoming van blote uiterlike reëls en voorskrifte gaan. Al hierdie dinge waarvoor Paulus voor sy bekering so hard gewerk het, het daartoe gelei dat hy neergekyk het op mense wat nie dieselfde bates as hy gehad het nie of wat hulle godsdiens nie so goed soos hy beoefen het nie. Calvyn en Pringle (2010) wys daarop dat ’n persoon wat hoogmoedig is, heel waarskynlik geen intieme verhouding met Christus het nie. Hulle sê: Hence, where we see a false estimate of one’s own excellence, where we see arrogance, where we see pride, there let us be assured that Christ is not known. On the other hand, so soon as Christ shines forth, all those things that formerly dazzled our eyes with a false splendour instantly vanish, or at least are disesteemed. Al waarop ’n gelowige wil en kan roem, is op Christus, wat vir hom die vryspraak verwerf het (vgl. Rom 3:27; 1 Kor 1:29-31). In hierdie argument kan veral twee afleidings gemaak word oor Paulus se leierskap voor sy bekering. Dit is eienskappe wat nié by ’n gelowige leier wat op Christus alleen roem, gevind behoort te word nie: - ’n Leier wat nie op Christus alleen roem nie, maak staat of roem op prestasies wat hy self in sy lewe vermag het. Omdat Paulus voor sy bekering nie die nodige geestelike onderskeidingsvermoë gehad het om te besef dat hy op niks anders as op Christus kon roem nie, het hy gesteun op die prestasies wat hy in eie krag in sy lewe vermag het. - Die status wat Paulus as leier voor sy bekering gehad het, is nie deur nederige verantwoordelikheid gekenmerk nie omdat dit gegrond was op sake wat hy self vermag het. Sodra ’n leier fokus op prestasies wat hy self vermag het en sy status daarin soek, sal hoogmoed intree. Slegs ’n leier wat weet wat Christus vir hom gedoen het, sal nooit hoogmoedig kan wees nie. Paulus se doelwitte as leier ná sy bekering (3:7-11) Waar Paulus voor sy bekering begeer het om in alles wat hy gedoen het uit te blink, is sy grootste begeerte ná sy bekering ’n intieme verhouding met Christus (vgl. 3:10). Paulus gee nie net alles prys wat vroeër vir hom waardevol was nie (vgl. 3:8), maar hy beskou dit as verwerplik. Volgens Calvyn en Pringle (2010) beskryf die woorde in 3:10 die houding van seemanne wat in die middel van ’n storm besluit om alles oorboord te gooi om te verhoed dat hulle skipbreuk ly. Die ‘goeie lewe’ wat Paulus as Fariseër gehad het, beskou hy nou as verwerplik in die lig van sy lewe in Christus. Soos die seeman besef dat die bagasie ’n bedreiging vir sy lewe inhou en dat hy dit daarom eerder weggooi, so besef Paulus nou dat die dinge wat hy vroeër as ’n bate beskou het, ’n gevaar vir sy lewe is (Müller 1992). In die lewe van die gelowige mag niks so belangrik soos Christus wees nie. Daardie dinge wat belangriker as Christus word, moet oorboord gegooi word. Paulus het dit prakties gedoen toe hy ter wille van Christus sekerlik ook familiebande, vriendskap en sy eer as Fariseër prysgegee het (Vosloo & Van Rensburg 1993). Terselfdertyd skryf Wiersbe (1996) dat Paulus se woorde nie beteken dat hy niks meer daarmee te doen wou hê nie: Becoming a Christian did not make him less a Jew. In fact, it made him a completed Jew, a true child of Abraham both spiritually and physically (Gal. 3:6-9). Nor did he lower his standards of morality because he saw the shallowness of pharisaical religion. He accepted the higher standard of living – conformity to Jesus Christ (Rom. 12:1–2). When a person becomes a Christian, God takes away the bad, but He also takes the good and makes it better. Alles wat die gelowige nodig het, ontvang hy in Christus. Om hierdie rede het Paulus alles wat vroeër vir hom ’n bate was, opgegee sodat hy dít kon kry wat werklik waarde gehad het, naamlik Christus self en nie net bloot die guns van Christus nie (Hawthorne 2004). Verder beklemtoon Paulus in 3:9 die innige geloofsverbintenis wat daar tussen die gelowige en Christus is (Müller 1992). In hierdie eenheid kry die gelowige deel aan al die weldade van Christus en daarom kan elke gelowige saam met Paulus in sy brief aan die Galasiërs sê: … en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê. (2:20) In aansluiting hierby skryf Melick (1991) dat om ’n Christen te wees, beteken om eerder met God se regverdigheid as jou eie beklee te wees. Dit herinner aan die gelykenis wat Jesus van die bruilof vertel het (Matt 22). Die koning het aan elkeen van die gaste ’n kleed gegee om aan te trek, maar die een wat nie daardie kleed wou aantrek nie, is in die diepste duisternis uitgegooi. Calvyn en Pringle (2010) wys daarop dat Paulus hier (vgl. 3:9) oor twee tipes vryspraak praat. Die eerste is afhanklik van die mens omdat hy dit ontvang op grond daarvan dat hy die wet onderhou. Die ander vryspraak kom van God. Hy stuur Christus om die wet in die mens se plek te onderhou en so word Hy die kleed (vgl. Rom 13:14, Ou Afrikaanse vertaling – OAV) wat die mens moet aantrek om vryspraak te verkry. Elke gelowige kan nou daardie kleed aantrek deur geloof in Christus. Hierdie twee tipes vryspraak staan lynreg teenoor mekaar. Paulus ken al twee hierdie weë omdat hy ook eers deur wetsonderhouding probeer het om sy vryspraak te verkry. Hieroor sê MacArthur (2001) dat Paulus, al het hy sy uiterste bes probeer, steeds heeltemal tekortgeskiet het (Rom 3:23). Die las om deur eie dade vryspraak te ontvang, is net te groot vir die mens om te dra (vgl. Hand 15:10). Buitendien lei dit altyd tot hoogmoed. Hawthorne (2004) verduidelik hoe dit gebeur: The trouble with a righteousness based on what a person can do is that it is always self-righteousness (cf. Rom 10:1-3), providing a basis for self-boasting. Vosloo en Van Rensburg (1999) pas dit prakties toe deur te sê dat wanneer ’n persoon voor die regterstoel van God staan en hy hom op die eerste tipe vryspraak beroep, hy al die prysenswaardige dade in sy lewe sal moet opnoem, maar nogtans besef dat selfs sy beste dade soos vuil klere voor die Here is (vgl. Jes 64:6). Indien ’n persoon egter voor die regterstoel van God staan en hom op die tweede tipe vryspraak beroep, hoef hy nie op te noem wat hy gedoen het nie. Hy hoef slegs te noem wat Christus vir hom gedoen het. Christus het die volle prys vir die gelowige se sonde betaal. Daarom sê Paulus: ‘Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees’. (2 Kor 5:21) Daarom noem Paulus na sy bekering veel eerder die voortreflikheid wat hy as wins in Christus ontvang het. Hierdie voortreflikheid wat hy in Christus ontvang is nou sy begeerte en in hierdie begeerte kan vyf wense of doelwitte onderskei word. Eerste wens of doelwit: Kennis (3:8) Dit is opvallend dat Paulus die Griekse woord γινώσKω [ken] gebruik. Volgens Keener (1993) is die kennis waarna hier verwys word, meer as ’n blote intellektuele bewustheid. Hierdie woord beskryf die diep en innige liefdesverhouding tussen ’n man en vrou wat met mekaar gemeenskap het (MacArthur 2006). Hulle ken mekaar innig, diep. Hierdie kennis is daarom nie bloot net om te weet wie Jesus is nie, maar dit gaan oor ’n intieme, persoonlike verhouding met Hom. Jesus waarsku sy dissipels in Matteus 7 teen ’n verkeerde opvatting van die kennis: Baie sal daardie dag vir My sê: ‘Here, Here, het ons dan nie in u Naam gepreek nie, deur u Naam bose geeste uitgedryf en deur u Naam baie wonders gedoen nie?’ Dan sal Ek openlik vir hulle sê: ‘Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af, julle wat die wet van God oortree. (v. 22-23) Onder kennis verstaan Paulus die intieme band wat deur die eiesoortige kennis van Christus meegebring word en waarna hy as leier streef. Tweede wens of doelwit: Vryspraak in Christus (3:9) Die persoon vir wie hierdie wêreld sy wins is, sal alles in sy vermoë doen om te bewys dat hy ’n beloning verdien. Voor Paulus se bekering het hy presies op hierdie manier opgetree en daarom het hy selfs so ver gegaan om die kerk van Christus te vervolg. Ná sy bekering het hy besef dat daar niks is wat hy kan doen om vrygespreek te word nie omdat hy ’n gebroke mens is. Christus het alles gedoen en deur ’n vaste geloof in Hom kry ook Paulus deel aan die heerlikheid van Christus. Die klem in Paulus se lewe as leier verskuif dus van die persoon wat die eerste probeer wees na Christus wat alleen die eerste is. Hy alleen is volmaak. Hy was volkome gehoorsaam aan die wil van God en deur die geloof in Hom word ook Paulus vrygespreek. Derde wens of doelwit: Krag (3:10) Paulus sê in 3:10 dat hy alles sal prysgee om die krag van Jesus Christus se opstanding te mag ondervind. In geeneen van Christus se werke op aarde is daar soveel krag geopenbaar as in sy opstanding nie. Dat Hy uit die dood opgestaan het, het getoon dat Hy mag oor die fisiese sowel as die geestelike wêreld het. Dit is hierdie selfde opstandingskrag wat Paulus gered het. Die dag toe hy sy sonde kon afsterf en kon opstaan in ’n nuwe lewe wat hy aan Jesus Christus toegewy het, het hy hierdie krag ondervind. Die krag van Christus het meegebring dat Paulus as leier van die kerk versoekings kon oorkom, Christus kon dien, kon opkom vir sy geloof ten koste van homself en eendag ook uit die dood sal opstaan om die sonde finaal te oorwin (vgl. Ef 1:18-20). Dit is hierdie krag van Christus wat Paulus in sy lewe as leier sigbaar wil laat word. Vierde wens of doelwit: Gemeenskap aan sy lyding (3:10) Dat Paulus aan Christus se lyding deel wou hê, sal vir die wêreld onverklaarbaar wees, maar vir elke gelowige hou lyding groot troos in. Omdat Paulus Christus geken het, het hy die diepste, intiemste gemeenskap met Christus in sy lyding ervaar (MacArthur 2001). Die rede daarvoor is dat Paulus in Christus die genadige en barmhartige Hoëpriester gevind het. Hebreërs 4:15-16 lui soos volg: Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie. Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word. Die wonderlike wat Paulus in sy lyding kon ervaar, was dat hy ’n metgesel gehad het – iemand wat nie net deur soortgelyke lyding gegaan het nie, maar baie erger. Boonop het Christus alleen deur die angs van Godverlatenheid gegaan sodat Paulus nooit in sy lyding sonder Christus sou wees nie. Selfs in sy diepste lyding was Christus steeds by hom en daarom kon hy as gelowige leier ’n diep gemeenskap met Christus in sy lyding hê. Vyfde wens of doelwit: Ewige heerlikheid (3:11) In 3:11 praat Paulus van daardie oomblik wat Jesus Christus op die wolke sal kom en die gelowiges uit die dood sal opstaan. Dit is die dag wanneer die gelowige ’n verheerlikte liggaam sal kry. In 3:21 beskryf hy daardie moment soos volg: ‘Deur die krag waarmee Hy alles aan Homself onderwerp, sal Hy ons nederige liggame verander om soos sy verheerlikte liggaam te wees’. Paulus het daarom vanuit die hoop geleef dat hy saam met Christus ook eendag verheerlik sal word. Uit Paulus se doelwitte as leier word die volgende duidelik oor sy leierskap: - Paulus het alles wat vir hom vroeër ’n bate was, opgegee sodat hy dit kon kry wat werklik waarde het, naamlik ’n lewe in Christus. Hy aanvaar dus self die verantwoordelikheid om hom volkome aan Christus toe te wy deur Hom as sy hoogste begeerte na te jaag. Die tweede (vryspraak) en vyfde (ewige heerlikheid) wens of doelwit sluit hierby aan. - Paulus het ook prakties gewys dat hy sy lewe onder Christus se heerskappy stel wanneer hy ter wille van Christus alles wat vir hom vroeër waardevol was, verwerp het. Hy kon dit doen omdat hy nie meer op homself nie, maar op Christus vertrou het. Dit hang saam met die derde wens of doelwit (krag), om Christus in sy lewe sigbaar te laat word. As Paulus hom aan Christus onderwerp, doen hy dit met die wete dat Christus die krag van die opstanding in hom het. Paulus hoef nie meer op sy eie beperkte krag staat te maak nie, maar hy kan vertrou dat die groot krag van Christus in hom sigbaar sal word. - Uit die laaste doelwit is dit duidelik dat Paulus die wysheid gehad het om te besef dat die begeerte om in mense se oë belangrik te wees nie ewigheidswaarde het nie. Die eerste wens of doelwit (kennis) sluit hierby aan omdat hy die geestelike onderskeidingsvermoë ontvang het om sy fokus te verskuif deur veel eerder na ’n innige verhouding met Christus, sy Verlosser, te soek, as die erkenning van mense. Ook die vierde wens of doelwit (gemeenskap aan Christus se lyding) hou verband hiermee omdat Paulus iets begeer het wat vir die wêreld onverklaarbaar is. Hy het besef dat hy selfs in sy lyding ’n metgesel het – Een wat deur baie groter lyding as hy vir hom gegaan het. Paulus se inspanning as leier van die kerk ná sy bekering (3:12-16) Dit is opvallend dat Paulus dit hier baie duidelik stel dat die lewe van ’n gelowige nie maklik is nie en gereeld deur inspanning gekenmerk word. Hawthorne (2004) meen dat die woorde ‘ek span my in’ (3:12) herinner aan ’n wedloop waarin die atleet hom na die wenstreep uitstrek om die oorwinning te behaal. Net so strek Paulus hom uit sodat sy kennis van Christus steeds sal toeneem totdat hy aan die einde die oorwinnaarskroon sal ontvang (vgl. 2 Tim 4:8). Hierdie inspanning word verder beklemtoon wanneer Paulus in 3:14 die Griekse woord διώκω [ek span my in] gebruik. Hierdie uitdrukking is dikwels gebruik om ’n jagter te beskryf wat sy prooi bekruip (Wiersbe 1996). Louw en Nida (1996) definieer die woord soos volg: To follow with haste, and presumably with intensity of effort, in order to catch up with, for friendly or hostile purpose. Paulus gebruik dieselfde woord in 3:6 om te verduidelik hoe hy die kerk vervolg het. In stede daarvan om die kerk te vervolg, span Paulus nou al sy krag in om Christus in sy volheid te leer ken. Die rede waarom Paulus hom met soveel ywer inspan om Christus te leer ken, is dat Christus hom reeds syne gemaak het (vgl. 3:12). Henry (1994) verduidelik dat die gelowige se blydskap in verlossing juis daarin lê dat Christus die eerste tree tot versoening gegee het. Paulus stel dit eksplisiet: ‘Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was’ (Rom 5:8). Daar is veral twee sake waarvoor elke gelowige hom- of haarself moet inspan, naamlik om hom los te maak van wat agter is en om uit te strek na wat voor is. ’n Leier maak hom los van wat agter is Baie gelowiges meen dat hulle reeds geestelik volwasse is en die eindpunt van hulle geloofslewe en -groei bereik het; daarom gebruik Paulus die beeld van ’n atleet om die gelowiges in Filippi aan te moedig om na die regte gesindheid te streef (Hawthorne 2004). Wiersbe (1996) vat dit nog ’n stappie verder en sê dat Christene dikwels voel of hulle die eindpunt bereik het omdat hulle hul aan ander meet wat gewoonlik nie baie vordering maak nie. Melick (1991) wys daarop dat Paulus in teenstelling daarmee drie keer sy eie onvolmaaktheid soos volg beklemtoon: ‘Ek sê nie dat ek dit alles al het nie …’ (3:12); ‘… ek verbeel my nie dat ek dit alles al het nie’ (v. 13); ‘Ons almal … moet hierdie gesindheid hê’ (v. 15). Hierdie losmaak van wat agter is, hou volgens Müller (1992) alles in wat Paulus se aandag van sy doel kan aftrek (3:12) – van die teleurstellings en aanvegtings (negatiewe), tot die oorwinnings (positiewe) wat kan lei tot selfverheffing of ’n houding dat jy reeds die doel bereik het. ’n Leier strek hom uit na wat voor is Die enigste mikpunt moet wees om Christus te ontvang. Vroeër het Paulus hom met ander vergelyk (vgl. 3:3-6), maar ná sy ontmoeting met Christus weet hy dat God net met volmaaktheid tevrede is (Matt 5:48) en geen mens kan dit in hierdie lewe bereik nie. Jesus leer dus dat die een wat die hand aan die ploeg slaan en aanhou omkyk na wat agter is, nie vir die koninkryk geskik is nie (Luk 9:62). Die gelowige rig hom uitsluitlik op Christus en op wat hy in Hom ontvang. Paulus se vertroue in die krag van Christus word verder in 3:15 beklemtoon as hy sy eie onvermoë bely om die gelowiges van die waarheid te oortuig. Hy weet dat alleen God ’n mens se oë kan verlig (vgl. Ef 1:18) om hierdie waarheid te verstaan (Hawthorne 2004). Paulus se doelwitte as leier ná sy bekering kan soos volg saamgevat word: - Paulus besef dat hy as kerkleier van Christus afhanklik is en daarom bely hy sy eie onvermoë om die gelowiges van hierdie waarheid te oortuig. In sy leierskap stel hy hom daarom onder Christus as sy hoof. - Dit is opvallend dat Paulus dit baie duidelik stel dat die lewe van ’n gelowige nie maklik is nie, maar deur inspanning gekenmerk word. Paulus span hom met ywer in om Christus te leer ken wanneer hy besef wat Christus reeds vir hom gedoen het. Die status as kind van God dwing Paulus om sy lewe in verantwoordelikheid aan Christus toe te wy. - Dat Paulus hom as leier losmaak van wat agter is, maak hom aan die een kant nie negatief oor terugslae of teleurstellings nie, maar aan die ander kant ook nie hoogmoedig oor al die positiewe dinge wat in sy lewe gebeur nie. Hy strek hom uit om Christus te ontvang en dit bring ’n nederige soeke na Christus se wil. Ordening van die leierseienskappe wat in 3:1-16 geopenbaar word Om die leierseienskappe wat in hierdie perikoop geopenbaar word te orden, sal die eienskappe wat met mekaar verband hou, saam gegroepeer word en vervolgens sal ’n oorkoepelende term vir beskrywing van elkeen van die groepe voorgestel word. Groep een Die volgende afleidings uit 3:1-16 oor Paulus se leierskap kan saamgegroepeer word: - In die afdeling met die opskrif ‘Paulus se doelwitte as leier ná sy bekering’ (hierbo), is die beeld gebruik van seemanne wat in die middel van ’n storm besluit om alles oorboord te gooi om te verhoed dat hulle skipbreuk ly. Paulus het dieselfde gevoel oor die dinge wat hy vroeër as bate beskou het, maar na sy bekering verwerp het. Paulus het prakties gewys dat hy sy lewe onder Christus se heerskappy stel toe hy ter wille van Christus alles wat vir hom vroeër waardevol was, verwerp het. Hy het nie meer op homself nie, maar op Christus vertrou om hom te red. Die derde wens of doelwit (krag) sluit hierby aan. Paulus onderwerp hom aan Christus wat oneindige mag het en vertrou sy lewe aan Hom toe eerder as om op sy eie beperkte krag staat te maak. - Paulus is bewus van sy eie onvermoë om die gelowiges van die waarheid te oortuig dat hulle alles ter wille van Christus moet prysgee. Sy vertroue in Christus word duidelik in die belydenis dat God die gelowiges die regte insig sal gee en dat Hy alleen daartoe in staat is om ’n mens se oë te verlig (vgl. Ef 1:18). Wat hierdie eienskappe met mekaar verbind, is dat Paulus hom volkome onder Christus stel en Hom vertrou as die Een wat in beheer van sy lewe en dié van ander is. Die oorkoepelende term vir hierdie groep eienskappe is onderdanige vertroue. Groep twee Verdere afleidings uit 3:1-16 oor Paulus se leierskap kan soos volg gegroepeer word: - Ná Paulus se bekering ontvang hy ’n nuwe status, naamlik Christen. Deur sy geloof word hy ’n ware nakomeling van Abraham (Gal 3:6-9). Onder die opskrif, ‘Paulus se doelwitte as leier ná sy bekering’ word daarop gewys dat hierdie nuwe status ook groter verantwoordelikheid tot gevolg het. Paulus sien die oppervlakkigheid van die Fariseërs se godsdiens en daarom aanvaar hy ’n hoër lewenspeil, naamlik om gelykvormig aan Christus te word (Rom 12:1-2). Die vryspraak en ewige heerlikheid (status) wat Christus aan Paulus gegee het, bring mee dat hy doelbewus sy hele lewe aan Christus wil wy. Hierdie verantwoordelikheid word verder onder die opskrif, ‘Paulus se inspanning as leier van die kerk ná sy bekering’ beklemtoon. Die woord wat Paulus gebruik en wat met ‘ek span my in’ vertaal is, herinner aan ’n wedloop waarin ’n atleet hom uitstrek na die wenstreep om eerste te wees. Net so het die gelowige ook ’n verantwoordelikheid om hom geestelik uit te strek na dít wat vir hom voorlê. Paulus gee die rede daarvoor in 3:12, naamlik ‘… omdat Christus Jesus my reeds syne gemaak het’. Omdat Paulus se status verander het, span hy hom in. - Om hierdie status wat die gelowige in Christus ontvang met verantwoordelikheid te gebruik, moet hy teen hoogmoed waak. Onder die opskrif, ‘Paulus se doelwitte as leier ná sy bekering’ word daarop gewys dat Paulus nie geestelik hoogmoedig was nie, want hy het sy eie geestelike tekortkominge erken. Paulus wys telkens in hierdie gedeelte op sy eie tekortkominge (3:12, 13, 15). Voor Paulus se bekering sou hy hom maklik met ander kon vergelyk met betrekking tot al die goeie dinge wat hy gedoen het. Ná sy bekering weet hy egter dat hy niks kan doen om vryspraak te verdien nie. Hy vertrou alleen op dít wat Christus vir hom gedoen het en daarmee stel hy hom op dieselfde vlak as enige ander persoon. As leier maak Paulus hom ook los van wat agter is, wat beteken dat hy nie aan die een kant negatief raak oor terugslae of teleurstellings nie, maar aan die ander kant ook nie hoogmoedig raak oor al die positiewe dinge wat in sy lewe gebeur nie. Wat hierdie gedagtes met mekaar verbind, is dat Paulus se status verander het nadat hy tot geloof gekom het. Vroeër het hy sy status gesoek in dinge wat hy gedoen of vermag het, maar ná sy bekering soek hy sy status alleen in Christus en in dit wat Hy vir hom gedoen het. Deur op Christus se verlossingswerk te vertrou, word Paulus van alle hoogmoed gestroop en Christus word die inspirasie vir Paulus om sy lewe in verantwoordelikheid aan Hom alleen te wy. Hierdie groep eienskappe kan dus oorkoepelend as status met verantwoordelikheid beskryf word. Groep drie Die volgende afleidings uit 3:1-16 oor Paulus se leierskap kan saamgegroepeer word: - Onder die opskrif, ‘Die leierseienskap wat Paulus in sy reaksie teenoor die dwaalleraars toon’ is daarop gewys dat gelowiges se gemoedere dikwels deur hulle omstandighede beïnvloed word. Omdat omstandighede voortdurend verander, is die gevolg daarvan dat dit een oomblik goed en die volgende sleg gaan. Ware blydskap word egter deur ’n verhouding met Christus bepaal en daardie blydskap bly konstant. Niks en niemand kan die blydskap wat ’n leier in Christus het van hom af wegneem nie. Die leier het egter wysheid nodig om te besef dat ware blydskap alleen in ’n verhouding met Christus te vinde is. In aansluiting by die vorige argument is daar ook onder die opskrif, ‘Paulus se inspanning as leier van die kerk ná sy bekering’ daarop gewys dat die gelowige op Christus moet vertrou. Niks wat die leier doen, kan hom of sy navolgers red nie. Dit is net Christus se werk om te red. - Die teenoorgestelde opvatting word onder die opskrif, ‘Paulus se begronding vir sy status as leier voor sy bekering’ beskryf wanneer daar verwys word na Paulus wat in sy ywer vir die kerk ’n vervolger van die kerk van Christus geword het. Die rede daarvoor was dat hy nie op Christus vir sy verlossing vertrou het nie, maar op homself. - Onder die opskrif ‘Paulus se doelwitte as leier ná sy bekering’ word na Paulus verwys wat sê dat dit sy enigste wens is om Christus te ken. Paulus se eerste wens of doelwit is kennis omdat hy die geestelike onderskeidingsvermoë ontvang het om sy fokus te verskuif deur veel eerder te soek na ’n innige verhouding met Christus, sy Verlosser. Net so sluit die vierde wens of doelwit (gemeenskap in sy lyding) ook hierby aan omdat Paulus iets begeer wat vir die wêreld onverklaarbaar is. Hy het besef dat hy selfs in sy lyding ’n metgesel het – Een wat deur baie groter lyding vir hom gegaan het en só sy krag is. Wat in al hierdie sake beklemtoon word, is die insig en wysheid wat Paulus gehad het om nie vas te kyk teen die dinge wat volgens wêreldse standaarde goed, mooi en belangrik is nie. ’n Goeie leier het geestelike onderskeidingsvermoë nodig om te kan onderskei waarop dit werklik aankom. Daarom word hierdie groep eienskappe tuisgebring onder die term geestelike onderskeidingsvermoë. Afgeleide beginsels vir elk van die eienskappe In hierdie afdeling word daar, ná ’n kort samevatting van elk van die eienskappe wat in die vorige afdeling genoem is, ’n aantal beginsels vir die spesifieke eienskap voorgestel. Onderdanige vertroue Die figurering van hierdie leierseienskap in die lewe van Paulus kan soos volg saam gevat word: - Wat sy vryspraak betref, vertrou Paulus volkome dat Christus die vereiste prys vir hom betaal het. Niks wat hy doen, kan tot sy redding bydra nie. - Hy onderwerp hom gewillig aan die wil van God ten opsigte van sy werk. Hy besef dat hy nie by magte is om mense van die waarheid te oortuig nie en daarom laat hy die oortuiging aan God oor. Die onderdanige vertroue van die leier word volgens hierdie afleidings gebaseer op die volgende beginsels: - Die leier moet besef dat hy alleen vryspraak ontvang deur ’n volkome vertroue in die verlossingswerk van Christus. Al die bagasie (tradisie, kultuur, taal, ens.) moet oorboord gegooi word indien dit in die pad na Christus staan. - Onderdanige vertroue is verder ook nodig in die leier se werksomstandighede. Die leier moet besef dat dit net God is wat mense se harte ontvanklik kan maak om die waarheid te glo. Enkele praktiese implikasies wat hierdie beginsels tot gevolg kan hê: - Die fokus van die predikant verskuif. Waar hy vroeër daarop sou fokus om mense se harte te verander om die kerk te laat groei, word sy fokus verander om God in onderdanigheid te vertrou om op sy tyd die harte van mense te verander. - Hierdie onderdanige vertroue skep dan ook verder ’n nederige gesindheid in die leier se hart wat byvoorbeeld daartoe sal lei dat hy nie sy oortuigings op ander afdwing asof dit die enigste waarheid is nie. Status met verantwoordelikheid Die figurering van hierdie leierseienskap in Paulus se lewe, kan soos volg saamgevat word: - Deur Paulus se geloof in Christus ontvang hy die status as kind van God. Omdat hy besef watter genade daarmee gepaardgaan, leef hy vanuit die begeerte om sy hele lewe aan Christus te wy (vgl. 3:13-14). Hy neem hierdie verantwoordelikheid so ernstig op dat hy as leier aan sy navolgers opdrag gee om sy voorbeeld te volg soos hy die voorbeeld van Christus volg (1 Kor 4:16; 11:1). - As leier wys Paulus deur sy lewe dat daar geen plek vir hoogmoed in ’n gelowige kan wees nie. Hy bely dat hy een van die grootste sondaars is (vgl. 1 Tim 1:15) en wys daarmee dat hy selfs as apostel geensins beter is as enige ander gelowige wat sy verlossing in Christus vind nie. Daarom roem Paulus alleen op Christus en op niks wat hy doen nie. Die leier se status met verantwoordelikheid word volgens hierdie afleidings op die volgende beginsels gebaseer: - Die leier moet bewus wees van die nuwe status wat hy in Christus ontvang. Die gelowige leier is nie meer ’n slaaf van die sonde nie, maar in Christus ’n kind van God. As kind van God kry hy ook ’n groot verantwoordelikheid, want sy lewe moet van kindskap getuig. Uit dankbaarheid moet die leier sy hele lewe aan God wy as ’n lewende en heilige offer. - Status met verantwoordelikheid mag nooit daartoe lei dat die leier hoogmoedig raak nie. Hoogmoed getuig daarvan dat die leier nie besef dat hy soos enige ander persoon skuldig voor God oor sy sonde staan nie. In Christus word almal gelyk voor God. Enkele praktiese implikasies wat hierdie beginsels tot gevolg kan hê: - Die feit dat die leier besef dat hy soos enige ander persoon skuldig voor God staan, sal tot gevolg hê dat die leier homself nie hoër as ander mense ag nie. Hy sal daarom nie sy status probeer vind in sy amp nie, maar eerder in die genade wat alleen in Christus is. - Die gevolg van hierdie nuwe status in Christus sal wees dat die leier verantwoordelikheid vir die regte sake neem. Hy sal byvoorbeeld nie na sy eie eer soek nie, maar na die eer van Christus. Hy sal ook nie gefokus wees op sy eie wil wat moet geskied nie, maar hy sal biddend vra na die wil van God. Geestelike onderskeidingsvermoë Op grond van Paulus se leierskap wat in 3:1-16 geopenbaar word, kan afgelei word dat die leierskapbegrip geestelike onderskeidingsvermoë soos volg in Paulus se leierskap figureer: - Paulus se geestelike onderskeidingsvermoë word sigbaar in sy hantering van sy omstandighede. Sy blydskap word nie deur sy omstandighede bepaal nie, maar hy besef dat selfs ook die slegte omstandighede in diens van God se koninkryk staan. - In Paulus se lewe ná sy bekering is dit duidelik dat hy die geestelike onderskeidingsvermoë het om in te sien dat hy in Christus alleen gered kan word. Die gevolg van hierdie insig is die begeerte na ’n diep en innige verhouding met Christus. Uit die realisering van die leierskapsbegrip geestelike onderskeidingsvermoë in Paulus se leierskap word die volgende beginsels vir die leierskap van die predikant afgelei: - Die leier moet die nodige geestelike onderskeidingsvermoë hê om in te sien dat sy en ook die gemeente se blydskap nie deur hulle omstandighede bepaal word nie, maar deur hulle verhouding met Christus. As Christus ’n persoon se blydskap bepaal, sal hy in alle omstandighede bly kan wees, want niks kan hom van die liefde van Christus skei nie (vgl. Rom 8:38-39). - ’n Leier met geestelike onderskeidingsvermoë besef ook dat daar niks is wat hy kan doen om gered te word nie. Christus het alles vir hom en in sy plek gedoen. Wanneer die leier hierdie waarheid besef, sal hy begeer om ’n diep en innige verhouding met Christus te hê. Daarom moet die leier ook die gemeente uitsluitlik op Christus rig en op wat hulle in Hom ontvang. Enkele praktiese implikasies wat hierdie beginsels tot gevolg kan hê: - Die leier met geestelike onderskeiding soek sy blydskap in Christus. Hy lei die gemeente daarin om in te sien dat teleurstellings en aanvegtings hulle nie van daardie blydskap in Christus mag beroof nie. As leier moet hy die gemeente eerder meer op Christus rig en op wat hulle in Hom ontvang het. - Net soos Paulus sal die leier met geestelike onderskeiding die innerlike vrede (vgl. 1:18-19) hê omdat hy daarvan oortuig is dat Christus sy gemeente lei – selfs ook daar waar hy as leier tekortskiet. Beginsels vir effektiewe en verantwoordelike leierskap soos afgelei uit 3:1-16 In hierdie artikel is aangetoon hoe verskillende leierskapsbegrippe volgens 3:1-16 in die leierskap van Paulus gefigureer het. Onder elkeen van hierdie leierskapsbegrippe is beginsels vir die leierskap van die predikant geformuleer. Hierna word aangedui hoe die kerkleier hierdie beginsels prakties in sy leierskap kan toepas. Praktiese toepassing van onderdanige vertroue: Die leier moet God onderdanig vertrou vir sy verlossing, sukses in sy werk, die omstandighede waarin hy sy werk doen en vir wat die toekoms vir hom sal inhou. Hy moet dus sy hele lewe deur in onderdanige vertroue op God leef. Praktiese toepassing van status met verantwoordelikheid: Deur die genade wat hy in Christus ontvang, ontvang die leier ook nuwe status, naamlik kind van God. Die verantwoordelikheid wat met hierdie status gepaardgaan, is dat die leier sy kindskap moet bewys deur sy lewe in dankbaarheid aan sy Vader te wy. Praktiese toepassing van geestelike onderskeidingsvermoë: Die leier moet besef dat geestelike onderskeidingsvermoë nodig is om in te sien dat sy omstandighede nie sy geluk en sukses bepaal nie. Net ’n innige verhouding met Christus kan ware blydskap verskaf. Erkenning Mededingende belange Die outeur verklaar dat hy geen finansiële of persoonlike verbintenis het met enige party wat hom nadelig kon beïnvloed het in die skryf van hierdie artikel nie. Outeurs bydrae P.B. was die outeur van die manuskrip en B.d.K. was die studieleier wat hom gehelp het om die artikel te skryf. Literatuurverwysings Calvyn, J. & Pringle, J., 2010, Commentaries on the Epistles of Paul, the Apostle, to the Philippians, Colossians, and Thessalonians, Bellingham, WA. Carson, D.A., France, R.T., Motyer, J.A. & Wenham, G.J., 1994, New Bible commentary: 21st century edition, 4th edn., InterVarsity Press, Leicester. De Klerk, B.J. & Janse van Rensburg, J.J., 2005, Preekgeboorte: ’n handleiding vir Gereformeerde eksegese en prediking toegepas op 1 Petrus 2:11–12, 18–25, Potchefstroomse Teologiese Publikasies, Potchefstroom. Hawthorne, G.F., 2004, Philippians, Word Incorporated, Dallas, TX. (Word Biblical commentary, 43). Henry, M., 1994, Matthew Henry’s commentary on the whole Bible: Complete and unabridged in one volume, Hendrickson, Peabody, MA. Keener, C.S., 1993, The IVP Bible background commentary: New Testament, InterVarsity Press, Downers Grove, IL. Lotter, G.A., 1993, Die werk van die Heilige Gees in die gelowiges volgens 2 Korintiërs, ThD-proefskrif, PU vir CHO, Potchefstroom. Louw, J.P. & Nida, E.A., 1996, A Greek-English lexicon of the New Testament: Based on semantic domains, vol. 1., United Bible Societies, New York, NY. MacArthur, J.F., Jr., 2001, Philippians, MacArthur New Testament commentary, Moody Press, Chicago, IL. MacArthur, J.F., Jr. (ed.), 2006, John 1–11, MacArthur New Testament commentary, Moody Press, Chicago, IL. Melick, R.R., 1991, Philippians, Colossians, Philemon, The new American commentary, Broadman & Holman, Nashville, TN. (The New American Commentary, 32). Müller, J.J., 1992, Die brief aan die Filippense, die brief aan Filemon, NG Kerk Uitgewers, Kaapstad. Rardin, R., 1998, Servant Shepherd Ministries, viewed 1 May 2011, from http://www.servantshepherd.com/Introductions.htm Robertson, A., 1933, Word pictures in the New Testament, Broadman Press, Nashville, TN. Van Zyl, A.H., 1993, Die Bybel verklaar: 1983-vertaling, Lux Verbi, Kaapstad. Vincent, M.R., 1887, Word studies in the New Testament, Charles Scribner’s Sons, New York, NY. Vosloo, W. & Van Rensburg, F.J., 1993, Die Bybel in praktyk: Nuwe vertaling, Christelike Uitgewersmaatskappy, Vereeniging. Vosloo, W. & Van Rensburg, F.J., 1999, Die Bybellennium eenvolumekommentaar: Die Bybel uitgelê vir eietydse toepassing, Christelike Uitgewersmaatskappy, Vereeniging. Wiersbe, W.W., 1992, Wiersbe’s expository outlines on the New Testament, Victor Books, Wheaton, IL. Wiersbe, W.W., 1996, The Bible exposition commentary, Victor Books, Wheaton, IL. Footnotes 1. Verdere verwysings na die boek Filippense sal slegs met hoofstukke en verse aangedui word. 2. Alle bronverwysings waar nie bladsynommers voorkom nie, is verkry van die Logos Bible Software, ’n sagtewareprogram waarby geen bladsynommers aangedui word nie.
<urn:uuid:28106f0f-d287-4982-9411-534105e94f4f>
CC-MAIN-2019-30
https://indieskriflig.org.za/index.php/skriflig/article/view/2055/3846
2019-07-20T18:04:35Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526560.40/warc/CC-MAIN-20190720173623-20190720195623-00514.warc.gz
by
4.0
a_tag
false
true
{ "abbr": [ "by", "by" ], "in_footer": [ true, false ], "in_head": [ false, false ], "location": [ "a_tag", "a_tag" ], "version": [ "4.0", "2.0" ] }
false
false
Latn
afr
1.000008
false
H.J.J.M. van der Merwe H.J.J.M. van der Merwe | | Die egpaar Van der Merwe. Geboortenaam | Henderik Johannes Jan Matthys van der Merwe | ---|---| Gebore | 27 Oktober 1913 Morgenzon, Oos-Transvaal | Oorlede | 25 Februarie 1974 | Nasionaliteit | Suid-Afrika | Beroep | Dosent, taalkundige | Bekend vir | Taalkundige werke | Huweliksmaat | Winnie de Klerk | Henderik Johannes Jan Matthys van der Merwe (27 Oktober 1913 – 25 Februarie 1974) was 'n Afrikaanse taalkundige en die eerste lid van die doseerpersoneel van die departement Afrikaans aan die Universiteit van Suid-Afrika. Lewe[wysig | wysig bron] Hy het in 1931 gematrikuleer aan die Standertonse Hoërskool. Die B.A. het hy in 1936 behaal onder die Universiteit van Suid-Afrika wat destyds slegs 'n eksaminerende liggaam was. Die jaar daarop het hy die Transvaalse Onderwysdiploma behaal aan die Pretoriase Normaalkollege. Terwyl hy in die onderwys gestaan het, het hy verder studeer aan die Universiteit van Pretoria. Onder leiding van die taalkundige en fonetikus prof. T.H. le Roux het hy die M.A. in 1943 en die D.Litt et Phil. in 1945 behaal. Tydens sy doktorsgraadstudie was hy dosent in waarnemende hoedanigheid aan die onderwyskollege in Pretoria, na verskeie jare as onderwyser aan die Central Junior High School (Staatsmodelskool) in dieselfde gebou in Van der Waltstraat (vandag Lilian Ngoyistraat 331) waaruit die jong Winston Churchill gedurende die Anglo-Boereoorlog ontsnap het.[1] Hy het op 4 Julie 1942 in die huwelik getree met Winnie (née De Klerk) wie se bystand 'n baie groot faktor in sy lewe was. In Julie 1946 het hy een van die eerste dosente aan die Universiteit van Suid-Afrika geword met sy aanstelling as senior lektor en hoof van die departement Afrikaans en Nederlands.[2] Die skepping van professorate sou die status van die afdeling Eksterne Studie aan Unisa aanmerklik verhoog het, maar ten spyte van die aandrang van die dosente se kant, het die verteenwoordigers van ander universiteite in raad en senaat sterk teenkanting gebied. Tog is in 1954 veertien professorate ingestel, waarvan nege onmiddellik gevul is. Ses van hulle was onder die eerste lektore van 1946 en vroeg 1947 – waarvan Van der Merwe een was.[3] In 1954 is hy sodoende bevorder tot die leerstoel vir Afrikaanse, Nederlandse en Germaanse Filologie. Gedurende sy verbintenis met hierdie departement het hy die studentetal sien groei van 250 tot 4 000. Voorts het hy gedien in talle komitees van die senaat; meermale as dekaan van die fakulteit lettere, en as lid van die universiteitsraad. Hy was ook raadslid van die Universiteite van Wes-Kaapland en Durban-Westville. In 1959 het hy en sy eggenote 'n uitgebreide reis deur Afrika en Europa onderneem. Hiervan het hy verslag gedoen in 'n gereelde weeklikse radiorubriek Gebeure in Afrika. Gedurende 1962 het hulle op uitnodiging van 'n Afrikaanse Sondagkoerant weer 'n reis van drie maande deur Afrika onderneem. Uit sy Afrikareise het publikasies voortgevloei soos - Belgies-Kongo: 'n sosio-linguistiese studie (1960) - Gebeure in Afrika : vyf-en-veertig radiopraatjies (1961) - Segregeer of sterf: 'n diepdringende beligting van ons blank-nieblank-verhoudinge teen die agtergrondsituasie van kontak, integrasie en/of segregasie van die kleurgroepe (1961) - Swart Afrika – waarheen? (1964). Hy was ook lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en van dié liggaam se Taalkommissie. Daarbenewens was hy lid van die Maatschappij voor Taal en Letteren in Leiden en ook van die Koninklijke Zuid-Nederlandse Maatschappij voor Taal, Letteren en Geschiedenis. Onder sy leiding is 'n taalkongres in 1965 aan die Universiteit van Suid-Afrika gereël wat gelei het tot die stigting van die Linguistiese Vereniging van Suid-Afrika in 1968. Hy was voorsitter van hierdie vereniging en redakteur van sy spreekbuis, Taalfasette, tot met sy skielike afsterwe op 25 Februarie 1974. In 1976 word 'n gedenkbundel aan hom (postuum) opgedra, onder redaksie van W.J. de Klerk en F.A. Ponelis. Werke[wysig | wysig bron] Benewens sy bydraes in koerant- en radiorubrieke is sy nalatenskap aan die Suid-Afrikaanse taalkunde die volgende: 1951 - An introduction to Afrikaans (leerboek vir nie-Afrikaanstaliges met platekursus oor die uitspraak van Afrikaans). Kaapstad: Balkema. - (Red.) Lanseloet van Denemerken. Van stamverwante bodem 14. Pretoria: Van Schaik. - Afrikaanse taalkwessies. Pretoria: Van Schaik. Tweede en derde gewysigde en uitgebreide druk 1956, 1958; vierde druk 1960; vyfde druk onder ander titel in 1965. 1955 - Taalfunksie en spellingvorm. Pretoria: Van Schaik. 1956 - (Red.) Mariken van Nieumeghen. Van stamverwante bodem 15. Pretoria: Van Schaik. 1958 - (Red.) Scheepsjournaal ende Daghregister. Pretoria: Van Schaik. Gewysig en uitgebrei 1964, 1966. - (Red.) Aspek as uitdrukkingsmiddel van handeling. Mededelings B7. Pretoria: Universiteit van Suid-Afrika. - Die prioriteit van die Kaapse teks van Jan van Riebeeck se Daghregister. Mededelings C3. Pretoria: Universiteit van Suid-Afrika. 1960 - Die tweeklanke en verkleinwoorde by Van Riebeeck. Tydskrif vir Wetenskap en Kuns 20(1):9-26. 1963 - (Red.) Inleiding tot die Taalkunde. Pretoria: Van Schaik. Tweede, hersiene druk 1964; derde, gewysigde druk 1969. 1964 - (Red.) Studierigtings in die Taalkunde. Pretoria: Van Schaik. 1965 - Goties: kommentaar en annotasies. Handboekreeks 2. Pretoria: Universiteit van Suid-Afrika. - Die korrekte woord. Pretoria: Van Schaik. Vyfde, gewysigde druk van Afrikaanse taalkwessies 1951. 1968 - (Red.) Patriot-woordeboek. Patriotvereniging vir Afrikaanse teksuitgawes 3. Pretoria: Van Schaik vir die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. - (Red.) Afrikaans – sy aard en ontwikkeling. Pretoria: Van Schaik. 1969 - Lees- en skryftekens. Afrikaanse taalmonografieë 3. Kaapstad: Nasou. 1970, 1971 - (Red.) Afrikaans vir st. 6-10; moedertaal. Kaapstad: Nasou. 1971 - Vroeë Afrikaanse Woordelyste. Patriotvereniging vir Afrikaanse teksuitgawes 5. Pretoria: Van Schaik vir die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. 1973 - Met O. J. E. Burm as mederedakteur. Van den Vos Reynaerde. Pretoria: Van Schaik. 1965–1973 - (Red.) Taalfasette I-XVII. Pretoria: Van Schaik. Ten tye van sy dood was hy besig om 'n sinoniemwoordeboek van Afrikaans op te stel. Van der Merwe het ook die boek Die psigologie van die onderwyser : 'n studie in verband met beroepseleksie geskryf in 1961. Verwysings[wysig | wysig bron] - De Klerk, W.J. & Ponelis, F.A. (reds.) 1976. Gedenkbundel H.J.J.M. van der Merwe. Pretoria: J.L. van Schaik, bl. 163 – 166. ISBN 0-627-00367-2. - Boucher, Maurice. 1973. Spes in Arduis: 'n geskiedenis van die Universiteit van Suid-Afrika. Pretoria: Universiteit van Suid-Afrika, bl. 228. - Verwelkomingsblad van die Departement Afrikaans Unisa - Boucher, Maurice. 1973. Spes in Arduis: 'n geskiedenis van die Universiteit van Suid-Afrika. Pretoria: Universiteit van Suid-Afrika, bl. 291.
<urn:uuid:aba8ff20-570f-4c7e-9ee5-ff6274f38db1>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/H.J.J.M._van_der_Merwe
2019-07-22T01:44:12Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527458.86/warc/CC-MAIN-20190722010436-20190722032436-00114.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999695
false
Swartwoud Die Swartwoud (Duits: Schwarzwald [ˈʃvaʁt͡svalt]) is die grootste van die Duitse middelgebergtes met 'n oppervlakte van sowat 6 000 km². In hierdie bergreeks, wat in die suidweste van die deelstaat Baden-Württemberg geleë is, word ook die hoogste bergpieke van alle middelgebergtes in die land aangetref. Die bergreeks hou ook die rekord van bebossing - sestig persent van sy berge en heuwels is dig bebos.[1] Die Romeine het die dig beboste bergreeks met sy kenmerkende donker naaldbome Silva Nigra genoem - die "Swart (of Donker) Woud", wat vir hulle onheilspellend en byna ondeurdringbaar was. Die Duitse naam Swarzwald is vir die eerste keer in 868 in 'n dokument van die Switserse klooster St. Gallen gebruik.[2] Die Swartwoud is die grootste bosgebied in Duitsland en bestaan hoofsaaklik uit denne- en sparbome. Vandag is die Swartwoud een van die gewildste toeristebestemmings in Duitsland. Inhoud - 1 Geografie - 2 Geologie - 3 Klimaat - 4 Geskiedenis - 5 Ekonomie - 6 Toerisme - 7 Kultuur - 8 Verwysings - 9 Vakliteratuur - 10 Eksterne skakels Geografie[wysig | wysig bron] Die Swartwoud is 'n dig beboste gebied, wat vanaf die sogenaamde "Drielandepunt" (Switserland - Frankryk - Duitsland) langs die vlaktes van die Ryn se boloop sowat 160 km in noordelike rigting strek. Die bergreeks bereik in die suidelike gedeelte 'n wydte van tot by 60 km, in die noorde net 30 km. In die suidooste begin die bergreeks geleidelik oorgaan na die Baar-plato. Die noordooste word begrens deur die Swabies-Frankiese platorand, terwyl die noorde aan die berglandskap van Kraichgau grens. Natuurlandskappe[wysig | wysig bron] Die Kinzig-rivier vorm die grenslyn tussen die Noordelike en die Middel-Swartwoud, terwyl die Dreisam-rivier met die Helvallei (Duits: Höllental) die Middel- van die Suidelike Swartwoud skei. Die hoërgeleë suidelike gedeelte van die Middel-Swartwoud word saam met die bergpieke van die Suidelike Swartwoud ook die Hoog-Swartwoud (Hochschwarzwald) genoem. Hier lê bekende toeristebestemmings soos die dorp Hinterzarten en die hoogste bergpiek van die bergreeks, die Feldberg. Berge[wysig | wysig bron] Op 'n hoogte van 1 493 m bo seevlak is die Feldberg in die Suidelike Swartwoud die hoogste bergpiek van die bergreeks. Die Suidelike Swartwoud is hoër geleë as die Noordelike en beskik oor 'n aantal bekende bergspitse soos Herzogenhorn (1 415 meter) en Belchen (1 414 m). Die hoogste bergpiek van die Noordelike Swartwoud is die Hornisgrinde op 1 166 m bo seevlak. Riviere[wysig | wysig bron] Die Swartwoud maak deel uit van die kontinentale waterskeiding tussen die rivierstelsels van die Ryn en die Donau. Dit is ook die brongebied van 'n aantal riviere soos die Brigach (43 km) en die Breg (49 km), die twee bronriviere van die Donau. Die Triberg-watervalle van die bergstroom Gutach is een van die bekendste toeristebestemmings in die Swartwoud. Mere[wysig | wysig bron] Die belangrikste mere in die Swartwoud is die Glaswaldmeer, Mummelmeer, Kirnbergmeer, Feldmeer, Titimeer en Schluchmeer. 'n Aantal damme soos Schwarzenbach, Wehra, Witznau, Kleine Kinzig en Nagoldtal lewer teen spitstye ekologiese krag op. Geologie[wysig | wysig bron] In die Later Tersiêr (die Paleoseen) - sowat 70 miljoen jaar gelede - het die Bo-Rynvallei inmekaarsak, terwyl die gesteentes aan die kante geplooi is. Die Swartwoud-bergreeks is in 'n soort golfbeweging teen verskillende hoogtes gevorm. Tussen die hoë bergpieke lê uitgestrekte, tektoniese vlaktes soos die Kinzig- en Murg-riviervalleie. Die Swartwoud bestaan uit twee geologiese eenhede: 'n Ou kristalliene basisgebergte en 'n sogenaamde deklaaggebergte van bont sandsteen. Die basisgebergte word deur gneiss-gesteentes oorheers, wat deur enkele groot granietmassa's deurspek is. As gevolg van magmatiese verskynsels het voorkomste van ertse gevorm, wat al vroeg die ontwikkeling van 'n plaaslike mynboubedryf bevorder het. Kwartsporfier en tufsteen is volop in byvoorbeeld die vlakte van Baden-Baden. Ystydperk en vormgewing[wysig | wysig bron] Tydens die ystydperk van sowat 120 000 tot 10 000 jaar gelede het die Swartwoud sterk vergletser, en baie van die Swartwoud se mere is glasiale oorblyfsels. Die ysmassas het meesal teen die noordoostelike berghellings gelê en dikwels baie lank geneem om af te smelt. Klimaat[wysig | wysig bron] Net soos ander gebergtes word die Swartwoud deur laer temperature en hoër reënval as sy omgewing gekenmerk. Reën val in die Swartwoud enige tyd van die jaar, en ook die laer geleë gebiede en die westelike rand kry bo-gemiddelde reënval. Die Noordelike Swartwoud kry danksy die oorheersende westelike lugstromings, wat vogtige Atlantiese lugmassas na die gebied voer, sowat 2 200 mm reën per jaar, maar minder in die oostelike gebiede van die Middel-Swartwoud, wat 'n gemiddelde jaarlikse reënval van 750 mm kry. Sneeuvalle kom gereeld in die winter voor. Die hoër gebiede ondervind minder temperatuurskommelings. In die somermaande kom winderige weerstoestande, wolkvorming en skielike donderbuie voor, terwyl daar danksy die hoogdrukgebiede (antisiklone) en inversies in die winter meer sonskynure is as in die laer gebiede, wat dan toe onder 'n missluier lê. Die gemiddelde jaarlikse temperatuur in die aangrensende warm Rynvallei is sowat 9 °C, maar slegs 2 °C op die hoogste bergpieke soos die Feldberg wat in baie jare meer as 100 dae lank met 'n sneeulaag bedek is. Klimaatsverandering met stygende temperature skep nogtans probleme in laer geleë wintersportgebiede. Geskiedenis[wysig | wysig bron] Vroeë geskiedenis[wysig | wysig bron] In prehistoriese tye was die Swartwoud - net soos Elsas anderkant die Ryn - 'n gebied wat deur 'n uitgebreide en digte, ondeurdringbare oerwoud bedek was. Die bergreeks het ook ná die einde van die laaste kouetydperk sowat 10 000 jaar gelede onbewoon gebly. Net riviere het hul valleie deur die ongerepte landskap gesny. Vroeë jagters het kort roetes langs die riviere - veral die Ryn en sy sytakke - aangedurf waar hulle argeologiese spore soos pylpunte en lemme gelaat het, maar nie diep in die woudgebiede binnegedring nie. Die vroegste nedersettings van boeregemeenskappe het vanaf 4 000 v.C. ontstaan. Keltiese setlaars het in die ystertydperk (vanaf omstreeks 800 v.C.) vanuit die noordweste uitgebrei en gebiede rondom die Swartwoud begin koloniseer. Hulle het stedelike nedersettings soos Tarodunum in die Dreisam-vallei, naby Breisach en in Burkheim naby die Kaiserstuhl, in Ehrenkirchen in die Hexental ("Heksevallei") en op die Baar-plato aan die Swartwoud se oostelike rand aangelê. Die Magdalenenberg naby Villingen, 'n Keltiese grafheuwel uit die ystertydperk, getuig van hierdie vroeë beskawing. Danksy die ertsvoorrade in die Swartwoud, wat in die 5de of 4de eeu v.C. ontdek is, het Keltiese beskawing 'n gesofistikeerde ysterbedryf ontwikkel wat produkte van hoë gehalte opgelewer het. Ondanks hul eenvoudige tegniese hulpmiddels was hulle in staat om 'n mynboubedryf in die Swartwoud te vestig waarvan spore naby Sulzburg en Bollschweil ontdek is. Met die Romeinse verowering van Gallië het die agteruitgang van die Keltiese beskawing in Suid-Duitsland begin. Romeinse troepe het verder noord- en ooswaarts beweeg om ook Keltiese stamme noord van die Alpe in die huidige Switserland en uiteindelik ook in die Bo-Ryngebied en in streke rondom die Swartwoud verslaan. Die eerste kartografiese verwysing na die Swartwoud in die Tabula Peutingeriana dateer uit die 4de eeu. Die Romeine het die Swartwoud toe Marciana Silva of "Grenswoud" genoem. Daarnaas is ook die Keltiese naam - Abnoba of "Rivierwoud" ('n verwysing na die bergstreek se waterrykdom) - oorgelewer.[3] Die ondeurdringbare woud en die kouer klimaat was allermins aantreklik vir setlaars uit Mediterreense lande sodat Romeinse nedersettings hoofsaaklik in die vrugbare warmer gebiede van die Rynvallei en op die oostelike vlaktes teen die voet van die Swartwoud-bergreeks ontstaan het. Die eerste Romeinse pad tussen Straatsburg en Offenburg is in 74 n.C. gebou en het deur die Kinzig-vallei na Tuttlingen geloop. Die welvarende Romeinse nedersetting Arae Flaviae (die huidige Rottweil) het in 186 Romeinse stadstatus (municipium) gekry. Die Middeleeue[wysig | wysig bron] Die eerste bewoners van die gebied ná die ondergang van die Romeinse Ryk was Alemanne wat eers in die laer geleë valleie en later ook in die berggebiede geboer het. Ná die kerstening van die Germaanse gebiede het ook monnike hulle as kluisenaars in die byna ondeurdringbare woud gevestig, en soms het hul kluise tot kloosters ontwikkel wat na hul stigters (van wie sommige later heilig verklaar is) of ouer beskermheiliges vernoem is. Die kerk was die drywende krag agter die kolonisasie van die Swartwoud en het met sy kerk- en kloostergeboue sy voorneme bevestig om die Christelike geloof ook na die mees afgeleê streke te dra om selfs daar kunsvolle plekke van aanbidding vir gelowiges te skep.[4] Gaandeweg is klein nedersettings naby hierdie kloosters gestig wat dieselfde naam gedra het. So is daar steeds 'n groot getal "heilige" nedersettings soos St. Georgen, St. Peter, St. Märgen en St. Blasien. Omstreeks 900 was groot dele van die Swartwoud gekoloniseer. In die vroeë Middeleeue het die ontginning van natuurlike hulpbronne begin, wat danksy die mynbou, vlotbou en glasvervaardiging sedert die 13de eeu versterk is. By die warm mineraalbaddens in Bad Liebenzell, Bad Teinach-Zavelstein en Bad Wildbad het in hierdie tydperk nedersettings ontstaan. Saam met die mynwerkers het ook koolbranders hulle in die Swartwoud begin vestig. Hout was die vernaamste energiebron in die Middeleeue, maar die temperature, wat met die verbranding van hout bereik kon word, was nie hoog genoeg vir die verwerking van metaalertse wat plaaslik ontgin is nie - yster, silwer en koper. Die hout moes eers tot houtskool verkool word. Aanvanklik het koolbranders hul verbrandingsoonde digby die myne opgerig. Maar gaandeweg het hulle die woud dieper binnegedring. Hul beroep het maar lae aansien geniet, veral vanweë die eensame lewe wat hulle saam met hul gesinne gelei het, en gewoonlik is koolbranders in die Middeleeue orals as uitgestotenes behandel. Al het hulle in die dringende vraag na 'n basiese energiebron vir die metaalbedryf voorsien, is koolbranders sleg betaal. Vroue en kinders moes meewerk, en die gesinne was in die woud op sigself aangewese. Koolbrandergesinne het in eenvoudige houthutte gewoon, en sodra houtvoorrade rondom hulle woonplek uitgeput was, het hulle verder getrek.[5] Tussen die 11de en 13de eeu het adellike heersers begin om hulle besittings in die gebied deur kastele te beskerm. 'n Leidende rol hierby het die Zähringers gespeel - 'n Swabiese adellike gesin wat sy stamkasteel noordoos van Freiburg gehad het. Hulle was nie net die stigters van Freiburg nie, maar het ook nedersettings soos Offenburg en Villingen gevestig en as voogde oor die kloosters St. Blasien, St. Trudpert en St. Georgen geheers. Moderne tydperk[wysig | wysig bron] Vanaf die middel van die 14de eeu is die verspreiding van die bevolking deur negatiewe faktore soos oorloë en die Swart Dood beïnvloed. Dorpe het ontvolk en plase het in onbruik verval. Terselfdertyd het nuwe stedelike nedersettings soos Freudenstadt (gestig deur hertog Friedrich I van Württemberg in 1599) ontstaan. Eers vanaf die 18de eeu het die bevolking so vinnig toegeneem dat nedersettings ook in minder gunstige liggings ontstaan het. Die vervoerinfrastruktuur in die Swartwoud was egter nog tot omstreeks 1900 swak ontwikkel of afwesig. So is die bergstreek ook selde deur militêre gebeure geraak. Markgraaf Lodewyk Willem van Baden-Baden (1655-1707), wat weens sy prestasies en eretoekennings in die veldtog teen die Turkse strydmag naby Wene dikwels ook "Turke-Louis" genoem word, het teen die einde van die 17de eeu talle sogenaamde barok-skanse laat oprig, wat as verdedigingslyn teen invallende Franse troepe gedien het. 'n Aantal van die historiese versterkings het veral by die bergpasse in die omgewing van die dorp Gersbach (Suidelike Swartwoud) bewaar gebly. Vanaf die vyftigerjare van die 20ste eeu het die Swartwoud die gewilde toneel van 'n groot aantal rolprente geword, en in die tagtigerjare het televisie-reekse soos Schwarzwaldklinik in Duitsland gewild geraak. Die laasgenoemde reeks is ook in Suid-Afrika gebeeldsaai. Ekonomie[wysig | wysig bron] Historiese ontwikkeling[wysig | wysig bron] In dele van die Swartwoud is vanaf die Steentydperk ertse ontgin, die Hoog-Swartwoud het egter tot in die Middeleeue 'n ongerepte en onbewoonde gebied gebly. Ou plekname soos Todtmoos (afgelei van Duits Tod "dood" en Moos "mos") verwys na die onherbergsaamheid van die barre landskap. Die kloosters was die dryfkragte agter die geleidelike kolonisasie van die hoër geleë platos. Vanaf die vroeë 12de eeu het ook die mynbou 'n nuwe bloeitydperk beleef. Tot by die einde van die Middeleeue het tussen 800 en 1 000 mynwerkers in die Münster-vallei gebly. Die pes, die Duitse Boereoorlog (1524-1526) en die Dertigjarige Oorlog (1618-1648) het tot die agteruitgang van die mynbou gelei. Eeue lank is hout uit die Swartwoud uitgevoer wat onder meer vir die skeepsbou en in die boubedryf gebruik is. Veral Nederlanders het tussen die 17de en 19de eeu magtige boomstamme gekoop. Naas skeepsbou vir die Nederlandse Vloot het die plaaslike houtbedryf ook 'n belangrike rol in die Nederlandse boubedryf gespeel. So is Amsterdam moontlik op pale opgerig wat onder meer uit die Swartwoud ingevoer is. In die 18de eeu het veral Switserse ondernemers 'n belangrike bydrae tot die vestiging van 'n tekstielbedryf gelewer. Dit was die aansienlike waterkragpotensiaal in die Swartwoud wat beleggers na die bergreeks gelok het. Aanvanklik het hoofsaaklik katoenspinnerye ontstaan waarvan een in Hotzenwald sowat 9 000 tuiswerkers in diens gehad het - 'n derde van die bevolking in die gebied. Twee broers uit Zürich, Johann Georg en Johann Casper Bodmer, het in 1809 in die voormalige konvent van St. Blasien met die vervaardiging van katoenspin- en weefmasjiene begin, terwyl Peter en Otto Bally, ondernemers uit Schönenwerd, in 1836 'n sylintfabriek in Säckingen gevestig het. Die Groothertogdom Baden se toetreding tot die Duitse Doeaneunie in 1836 het nadelige uitwerkings op die handelsbetrekkinge met Switserland gehad. Switserse ondernemings het vervolgens meer filiale in die Swartwoud gestig wat ook pendelaars uit naburige Switserse kantonne in diens geneem het.[8] Ander tipiese nywerhede, wat in die Swartwoud ontwikkel het, was glasvervaardiging en presisie-instrumente en -toerusting. Die glasnywerhede het ook voordeel uit die plaaslike bosbedryf getrek - vir een kilogram glas is immers tussen een en twee kubieke meter hout benodig.[9] Die industrialisering het in die afgeleë valleie van die bergreeks taamlik laat begin, en gedurende die lang koue winters het baie boere die beroemde koekoek- en ander Swartwoudklokke op hulle plase vervaardig. Hierdie tuisnywerhede het die basis vir die latere ontwikkeling van die fynmeganiese en horlosies-nywerhede gevorm, met bekende ondernemings soos Kienzle, Staiger en Junghans. Ontwikkeling vanaf die 20ste eeu[wysig | wysig bron] In die 20ste eeu het bekende vervaardigers van elektroniese verbruikersware hulle in die Swartwoud gevestig, soos byvoorbeeld Dual in St. Georgen (platespelers), SABA (radio- en televisietoestelle) en Becker (motorradios). Weens die strawwe mededinging van nywerhede in die Verre Ooste het die bedryf in die sewentigerjare 'n swaar krisis beleef. Die Swartwoud het egter steeds 'n sentrum van die metaalverwerkende nywerhede gebly en huisves tans ook 'n groeiende hoëtegnologie-sektor. In die vroeë 21ste eeu is baie bewoners van die suidelike Swartwoud oorkant die grens as pendelaars in Switserland werksaam, terwyl die Swartwoud 'n gewilde reisbestemming vir toeriste uit Noordwes-Switserland is. Mynbou[wysig | wysig bron] Mynbou, wat veral op lood en silwer gefokus het, het 'n lang tradisie in die Swartwoud. So is reeds in die Steentydperk hematiet in die laer Sulzburg-vallei ontgin, terwyl die Romeine in dié vallei later silwer gemyn het. Mynaktiwiteite het hul hoogtepunt in die middeleeue bereik en welvaart aan mynbougebiede gebring. Die bedryf het daarna agteruitgegaan en in die volgende eeue heeltemal verdwyn. In die tyd van die Dertigjarige Oorlog was geen enkele myn meer in bedryf nie. Mynbouaktiwiteite is eers in die 18de eeu hervat toe groot silwer- en kobaltertsreserwes naby Wittichen en Wolfach ontdek is. Hul ontginning het tot in die vroeë 19de eeu voortgeduur. Daar is pogings vanaf staatskant en privaat entrepreneurs onderneem om ou myne in die Kinzig-vallei weer in bedryf te stel en nuut ontdekte ertsreserwes in die Münster-vallei te ontgin, maar met dié projekte is min sukses behaal. In die tweede helfte van die 19de eeu was daar geen noemenswaardige mynboubedrywighede meer in die gebied.[10] Toerisme[wysig | wysig bron] Die genesende kwaliteite van sy mineraalbronne, sy skoon lug en romantiese landskappe was aanvanklik die belangrikste redes waarom toeriste 'n besoek aan die Swartwoud gebring het, alhoewel die getal besoekers nog relatief klein was. Die hotel Badischer Hof, wat in 1801 in Baden-Baden geopen is, was die eerste groot hotel in Duitsland. Vanaf 1860 het die Badiese Swartwoudvereniging (Badischer Schwarzwaldverein) wandelpaaie in die bergstreek aangelê en die eerste stapkaarte vir Europese toeriste uitgegee. Maar eers toe die spoor- en padnetwerk in die gebied uitgebrei is, kon die Swartwoud vir toerisme ontsluit word. Een van die eerste bekende toeriste was die Amerikaanse skrywer Mark Twain wat in 1878 vanuit Baden-Baden vertrek het vir 'n staptoer deur die bergreeks. Die feit dat die meeste bewoners van afgeleë gebiede nog nooit met toeriste in aanraking gekom het nie, het dinge soms vir Twain bemoeilik. Maar die skrywer was nogtans gaande oor die boslandskap se stemming waaraan vir hom iets geheimsinnigs en bonatuurliks verbonde was. Toerisme, tans die belangrikste ekonomiese sektor met sowat 139 000 werkgeleenthede, was in sy vroeë fase nog 'n ongewone fenomeen in 'n berggebied wat eeue lank deur boerderye en harde handewerk gekenmerk is. Die streek is nouliks geraak deur die nywerheidsomwenteling, en so het die ongerepte natuurskoon en skoon lug van die Swartwoud vanaf 1864 'n gewilde bestemming vir somertoeriste gemaak. Die belangstelling vir wintersport in die gebied, wat in 1891 skielik begin het, het van die Feldbergstreek ná 1900 die sentrum van wintersport in Duitsland gemaak.[11] Vandag is die Suidelike Swartwoud is met 'n oppervlak van 3 300 vierkante kilometer op een na die grootste natuurpark in Duitsland. Daar is voetslaanpaaie met 'n totale lengte van sowat 20 000 kilometer dwarsoor die gebied. Die Swartwoud is ook 'n gewilde bestemming vir wintersport. In 2002 is 'n toerismeagentskap, die Schwarzwald Tourismus GmbH (STG), gestig om die Swartwoud as toeristebestemming op nasionale en internasionale vlak te bemark. Die klem in sy bemarkingskonsep val op ekologiese en volhoubare toerisme wat 'n omvattende natuurervaring aan besoekers bied, maar hulle ook bewus maak van die rol wat elke dier- en plantspesies in die ekosisteem speel, terwyl 'n bron van inkomste vir die plaaslike bevolking geskep word wat hoë lewensgehalte verseker en ook die nodige middele verskaf om die kulturele besonderhede van die streek te bewaar. Mobiliteit vir toeriste sonder lugbesoedeling is een van die inisiatiewe waardeur die STG sy missie beoefen. So word goedkoper treinkaartjies vir reise na die Swartwoud aangebied, terwyl besoekers in meer as 140 munisipaliteite gratis toegang tot openbare vervoer het. Fiets- en staptoere word as 'n ekologiese alternatief vir motortoerisme bemark.[12] Kultuur[wysig | wysig bron] Tradisies, kuns en literatuur[wysig | wysig bron] Die Swartwoud is van oudsher 'n yl bevolkte gebied met 'n oorwegend landelike karakter. Daar is min stede, en die grootste deel van die bevolking word in kleiner nedersettings gehuisves. Ou tradisies word in baie dorpe bewaar en voortgesit, waaronder tradisionele kleredragte wat hoofsaaklik op feesdae gedra word. Kleredragte verskil van streek tot streek, maar dit is veral die drag van drie dorpe - Kirnbach, Reichenbach en Gutach in die Kinzig-vallei - met sy kenmerkende Bollenhut ('n hoed met opvallende wolbolle) wat vandag in Duitsland en elders met die Swartwoud verbind word. Ongetroude jong vroue dra hoede met veertien rooi bolle, terwyl dié van getroude vroue swart bolle het. In enkele nedersettings dra vroue net voor en op hul huweliksdag 'n bruidskroon, die sogenaamde Schäppel, waarvan die grootstes - soos dié in St. Georgen - tot vyf kilogram swaar is. Naas die kleredragte het ook Swartwoud-plaashuise met hul groot skilddakke, Swartwoudkoek en -ham, Swartwoudkabouters, Kirschwasser of kirsch ('n bitterige likeur wat van swart kersies gemaak word) en koekoekklokke ikoniese status as alombekende Swartwoudsimbole bereik. Reeds in die 19de en vroeë 20ste eeu het baie kunstenaars aangetrokke gevoel tot die bergreeks se natuurskoon en sy tradisies en met hul werke internasionale bekendheid aan die Swartwoud verskaf. Veral Hans Thoma, 'n boorling van Bernau im Schwarzwald, en sy studie-kollega Rudolf Epp, wie se kunstenaarsloopbaan deur die Badiese groothertog Friedrich I bevorder is, het hul hele lewe lank Swartwoudtonele vir hul skilderye gebruik. Die skilder J. Metzler, 'n boorling van Düsseldorf, het deur die bergreeks gereis om landskapskilderye te skep. In Gutach het 'n kunstenaarskolonie rondom Wilhelm Hasemann (1850-1913) ontstaan wat met hul landskapskilderye en ander genremotiewe vir kunsliefhebbers en die belangstellende publiek 'n geïdealiseerde beeld van die Swartwoud gebied. Net soos die skrywer Heinrich Hansjakob, wat sy inspirasie in plaaslike tradisies gevind het, was ook Gutach se kunstenaarskolonie by 'n Badiese volksdragtebeweging betrokke. In die kunshandwerk het houtsnyers 'n prominente rol gespeel en hulle nie net tot volkskuns soos tradisionele Longinuskruise beperk nie. Uit hul geledere het beroemde beeldhouers soos Matthias Faller gekom. Die bergreeks het sy stempel ook op die literatuur afgedruk. Met Berthold Auerbach se Schwarzwälder Dorfgeschichten, wat in 1843 verskyn het en in 'n verskeidenheid Europese tale vertaal is, het 'n hele literêre genre - dié van dorpstories - ontstaan. Nóg 'n bekende werk, wat in die bergreeks afspeel en ook in Afrikaans vertaal is, is Wilhelm Hauff se sprokie Koue hart wat in 1827 as deel van die verhaal Das Wirtshaus im Spessart in Hauff se Sprokiesalmanak (Märchenalmanach auf das Jahr 1828) gepubliseer is. In die na-oorlogse Duitsland het Heimatfilme (romantiese rolprente wat in idilliese omgewings afspeel) skare toeskouers na rolprentteaters gelok. Die rolprent Schwarzwaldmädel ("Swartwoudmeisie", 'n operette wat deur die regisseur Hans Deppe in 1950 verfilm is) was die eerste in 'n reeks van films wat vir die silwerdoek en televisie vervaardig is. Televisiereekse soos Der Forellenhof (1965), Die Schwarzwaldklinik (1980's), Die Fallers - Eine Schwarzwaldfamilie (vanaf 1994) en die dokumentêr Schwarzwaldhaus 1902 het ook in die buiteland sukses behaal.[13] Die Swartwoud staan daarnaas bekend vir sy warm mineraalbaddens in onder meer Baden-Baden, Bad Wildbad, Bad Krozingen en Badenweiler waarvan die eers- en laasgenoemdes reeds in die Romeinse tydperk gewild geraak het. Swartwoud en filmkuns[wysig | wysig bron] Op 7 September 1950 is die première van Schwarzwaldmädel ("Swartwoudmeisie") gehou, die vierde verfilming van Léon Jessel (1871-1942) se gelyknamige operette deur die regisseur Hans Deppe (1897-1969). Met hierdie eerste na-oorlogse Duitse kleurrolprent het Sonja Ziemann en Rudolf Prack, wat die hoofrolle vertolk het, skielik die gewildste liefdespaar op die silwerdoek geword. Die rolprent het sestien miljoen kykers na rolprentteaters laat stroom - 'n rekordgetal wat in die volgende vyftig jaar slegs een keer oortref sou word. Die rolprent het sy sukses aan die besondere tydsomstandighede te danke gehad. Net vyf jaar ná die einde van die Tweede Wêreldoorlog was Duitsers besig met die heropbou van hul land en moes nog vele ontberings verduur. In dié moeilike tyd het 'n idilliese Swartwoud-landskap, wat nouliks deur die oorlog geraak is, tydens 'n vreugdevolle lentetyd met sonneskyn en bloeiende appelbome en die uitbeelding van 'n gelukkige dorpsgemeenskap met sy vaste tradisies en gebruike vir kykers die ideaal van 'n onbesorgde lewe versinnebeeld. Die rolprent het bestaande verlangens bevredig en nuwe geskep. Naas die rolprent- het ook die toerismebedryf onmiddellik kommersiële sukses met dié verlangens behaal. Schwarzwaldmädel het legendariese status behaal met die vrolikheid van sy operetteliedjies en dansoptredes, en sy gesofistikeerde visuele styl met stadige kamerabewegings deur die berglandskap - en 'n nuwe filmgenre geskep. 'n Hele reeks van sogenaamde Heimatfilme, romantiese liefdesfilms wat teen die agtergrond van berglandskappe afspeel, het in die vyftigerjare in Duitse rolprentteaters begin draai. Baie regisseurs het vir hul films weer die Swartwoud gekies - en selfs die plekke waar Schwarzwaldmädel oorspronklik geskiet is, St. Peter en St. Märgen. Die Swartwoud self is deur die nuwe medium van kleurrolprent, wat in dikwels elegante rolprentteaters vertoon is, in die loop van die 20ste eeu omgeskep en gestileer tot 'n droomwêreld en geïdealiseerde kunsmatige ruimte.[14] Swartwoud en televisie[wysig | wysig bron] Tussen 22 Oktober 1985 en 1989 is Die Schwarzwaldklinik as die suksesvolste Duitse televisiereeks ooit in 72 aflewerings deur die openbare kanaal ZDF uitgesaai. Vir die reeks is twee meer ligsinnige formate met mekaar versmelt - die literêre genre van Arztroman (romantiese romans rondom geneeskundiges wat hoofsaaklik deur vroue gelees word) en dié van Amerikaanse vervolgreeks of seepopera. Daarnaas het die reeks sy inspirasie ook in die sentimentele karakter van Swartwoud- en Heimatfilms uit die 1950's gevind. In 'n tyd, toe die Swartwoud met boomsiektes die voorblaaie gehaal het, het die romantiese klinieklewe te midde van 'n idilliese berglandskap, wat met altesaam 684 akteurs teen 'n koste van DM 235 miljoen geskiet is, weer 'n gunsteling by nasionale en internasionale gehore in meer as vyftig lande geword. Die bemarking van lisensies was deel van die konsep. So is 'n verskeidenheid aandenkings, musiekalbums, boeke, speelgoed en spelletjies verkoop. Die vroulike hoofkarakter, Schwester Christa (die verpleegster), het selfs as Barbiepop op winkelrakke beland. Uiteindelik het die kliniek, waar die reeks ontstaan het, 'n soort moderne bedevaartsoord vir aanhangers geword en bemarking van die Swartwoud as reisbestemming vergemaklik. Daar was egter ook pogings om 'n meer akkurate en outentieke beeld van die lewe in die Swartwoud te skets. Die openbare streekskanaal SWR het met Die Fallers - Eine Schwarzwaldfamilie vanaf 25 September 1994 'n familiereeks gebeeldsaai wat die veranderende lewe van 'n groot boeregesin in die Hoog-Swartwoud behandel. Die dramaturgiese struktuur het ruimte gelaat vir die persoonlike ontwikkeling van die hoofkarakters, hul wisselende interaksie met mekaar en 'n storielyn wat historiese en kulturele realiteite soos die werklike leefwêreld van Swartwoudboere nie verontagsaam nie. Die reeks is grotendeels in die SWR se rolprentateljees in Baden-Baden digitaal opgeneem, terwyl 'n egte Swartwoudplaas, wat steeds bewerk word, as coulisse gedien het. Die Fallers was die grootste sukses ooit vir die SWR wat sy programme vir kykers in die deelstate Baden-Württemberg en Rynland-Palts vervaardig. Schwarzwaldhaus 1902 het 'n heel ander benadering gevolg. 'n Berlynse gesin, wat spesifiek vir die reeks gekies is en hoegenaamd nie vertroud was met die Swartwoud, sy lewenstyl en die alledaagse lewe aan die begin van die 20ste eeu nie, het tien weke lank 'n Swartwoudplaas in die Münster-vallei met outentieke historiese gereedskappe en landboumetodes bewerk. Vir dié eksperiment het hulle vooraf in die opelugmuseum Vogtsbauernhof kennis met destydse boerderypraktyke en leefstyle asook veeteelt gemaak. Die reeks is in 2002 deur die kanaal SWR uitgesaai.[15] Swartwoud - ontwerpkuns en popkultuur[wysig | wysig bron] In die laat 20ste en vroeë 21ste eeu het die Swartwoud en sy simboliek ingang tot die internasionale popkultuur gevind. Stefan Strumbel (* 1979), 'n boorling van Offenburg aan die voet van die Swartwoud, het binne 'n dekade een van die bekendste jong avantgarde-kunstenaars geword wat selfs die aandag van die befaamde Amerikaanse dagblad New York Times getrek het - met sy nuwe interpretasie van ou Swartwoud-stereotipes. Heimat staan sentraal in sy ontwerpkuns, 'n Duitse term wat moeilik is om te vertaal en as "geboortestreek", "tuis voel" en "kulturele erfenis" omskryf kan word. Strumbel beskou Heimat as iets waaraan mense verslaaf kan raak, 'n dwelmmiddel dus - en vervreem dit op 'n ongewone manier. Die styl van sy ontwerpkuns word opgesom in sy leuse What the fuck is Heimat?. So ontwerp hy grafiese kuns waarin hy Swartwoudmeisies met masjiengewere uitbeeld en Swartwoud-koekoekklokke in Technicolor- en neonkleure wat hy met masjiengewere, gebeentes, handgranate en kruise versier - naas tradisionele oorgelewerde motiewe. Kunsliefhebbers betaal pryse van tussen $1 200 en $35 000 vir Strumbel se klokke.[16] Die modeontwerper Kim Schimpfle, 'n boorling van Freiburg im Breisgau, vind haar inspirasies eweneens in historiese voorbeelde. Vir haar mode-etiket Schwarzwald Couture herinterpreteer sy tradisionele kleredragte uit die Swartwoud en Beierse dirndl-rokke. Om elke kostuum uniek te maak, werk sy met die fotograaf Florian Richter saam. Sy gunstelingmotiewe - die donker wolke van donderbuie of missluiers oor die Swartwoud - word op Kim Schimpfle se ontwerpe gedruk.[17] Die stowwe, snitte en kleure van haar ontwerpe is by moderne modestrominge aangepas. Artwood Black Forest in Gütenbach naby Furtwangen is een van die jonger modeetikette uit die Swartwoud. Sy stigter, Jochen Scherzinger, het 'n akademiese graad in modeontwerp verwerf en ontwerp sedert 2012 mode wat deur die kleredrag van horlosiesmakers en klokdraers, houtkappers, timmermans, glasmakers en jagters uit die Swartwoud geïnspireer is en in tipiese Swartwoudkleure soos swart, rooi en groen aangebied word. Natuurlike vesels, katoen, wol en leer dien as materiaal vir Artwood se klere wat met Swartwoudmotiewe versier word - historiese foto's, houtsneekuns of tekeninge.[18] Museums[wysig | wysig bron] Die Swartwoud-opelugmuseum Vogtsbauernhof in Gutach wat vyf hektaar beslaan en jaarliks sowat 300 000 besoekers lok, gee met sy ses historiese Swartwoud-plaashuise en 'n daglonerhuis, wat uit verskillende dele van die bergreeks afkomstig en hier heropgebou is, gee met hul outentieke boustyle en meubilering 'n indruk van die 16de en 17de eeuse boerelewe in die streek. Die naamgewende Vogtsbauernhof van 1570 is die enigste plaashuis wat op sy oorspronklike plek staan. Die Duitse Klokmuseum in Furtwangen behandel die geskiedenis van klok- en horlosiemakers en die plaaslike klok- en horlosiesvervaardiging. Die tradisie van presisie-meganiese ambagte en nywerhede het in die 20ste eeu die aanleiding tot die vestiging van 'n platespeler- en hoëtroubedryf met vervaardigers van wêreldfaam soos Dual in St. Georgen en SABA in Villingen gegee. 'n Museum in St. Georgen, die Deutsches Phonomusem wat tans in die gebou van 'n voormalige afdelingswinkel gehuisves word, is aan die geskiedenis van hierdie bedryf gewy wat tans byna heeltemal verdwyn het. Sy uitstalling weerspieël die tegnologiese ontwikkeling van meganiese klankopname en -weergawe, van Thomas Edison se fonograaf van 1877 en die grammofoon tot moderne platespelers. Die meeste museumstukke is in 'n goeie werkende toestand sodat besoekers na hul klankweergawe kan luister.[19] Die volkskleredrag van die Swartwoud en omliggende gebiede staan sentraal in die uitstalling van die Schwarzwälder Trachtenmuseum in Haslach im Kinzigtal. Verwysings[wysig | wysig bron] - Rolf Goetz: ADAC Reiseführer Schwarzwald. München: ADAC Verlag 2007, bl. 6 - Planet Wissen: Schwarzwald - Albrecht Greule: Keltische Ortsnamen in Baden-Württemberg. In: Imperium Romanum. Roms Provinzen an Neckar, Rhein und Donau. Esslingen am Neckar: Archäologisches Landesmuseum Baden-Württemberg 2005, bl. 80 - Dina Stahn en Rainer Fieselmann: DuMont Bildatlas Schwarzwald - Süden. Ostfildern: DuMont Reiseverlag 2010, bl. 8 - SWR Schwarzwaldgeschichten: Köhler - Die schwarze Zunft. Besoek op 17 Maart 2013 ( ) - www.badische-zeitung.de: Fotos - Vor 10 Jahren fegte Orkan Lothar über den Schwarzwald. Besoek op 19 Februarie 2014 - Rolf Goetz (2007), bl. 81 - Historisches Lexikon der Schweiz: Schwarzwald - Planet Wissen: Schwarzwald - Helge Steen: Geschichte des modernen Bergbaus im Schwarzwald. Norderstedt: Books on Demand 2004, bl. 7 - Arbeitskreis Regionalgeschichte Freiburg e.V. / Rüdiger Hinz (reds.): Entstehung und Entwicklung des Tourismus im Schwarzwald. Das Beispiel Hochschwarzwald 1864-1914. Freiburg: Schillinger 2011 - Schwarzwald-Tourismusinfo: Nachhaltige Tourismusentwicklung ( ) - www.vogtsbauernhof.de: Der Schwarzwald im Film - Badisches Landesmuseum Karlsruhe, Brigitte Heck (red.): Baden und Europa 1918 bis 2000: Führer durch die landes- und kulturgeschichtliche Abteilung. Karlsruhe: INFO-Verlag 2004, , bl. 70-72 - Badisches Landesmuseum Karlsruhe, Brigitte Heck (2004), bl. 73-76 - Young Germany: Pop Art Meets Tradition. Besoek op 19 Februarie 2014 - Deutsche Welle: Designertrachten von Schwarzwald Couture - Euromaxx. Besoek op 19 Februarie 2014 - Woodz/Schwarzwälder Bote: Artwood: So sieht Mode aus dem Schwarzwald aus. Besoek op 19 Februarie 2014 - www.st-georgen.de: Portalseite des Deutschen Phonomuseums Vakliteratuur[wysig | wysig bron] Swartwoud en Romantiek - Städtische Museen Freiburg Augustinermuseum (red.): Unser Schwarzwald. Romantik und Wirklichkeit. Petersberg: Imhof 2011 Eksterne skakels[wysig | wysig bron] Wikimedia Commons bevat media in verband met Black Forest. | In Afrikaans
<urn:uuid:f1c4783c-2aaa-4935-a0f6-fe273e7999ad>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Swartwoud
2019-07-22T02:10:31Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527458.86/warc/CC-MAIN-20190722010436-20190722032436-00114.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999963
false
Vryheidsfront Plus Vryheidsfront Plus | | VF+ | | Leier | Dr. Pieter Groenewald | ---|---| Gestig | 4 Maart 1994 | Hoofkwartier | Pretoria, Gauteng, Suid-Afrika | Jeugvleuel | VF+-Jeug | Ideologie | Afrikanernasionalisme Christelik Demokraties Republikeins | Nasionale affiliasie | Orania Beweging | Internasionale affiliasie | Organisasie vir Onverteenwoordigde Nasies en Volke (UNPO) | Amptelike kleure | Donkeroranje | Groen Webblad | www | Die Vryheidsfront Plus (VF+) is ’n Suid-Afrikaanse politieke party vanuit die republikeinse tradisie wat daarop ingestel is om die belange van die Afrikaners te beskerm. Die huidige leier van die party is dr. Pieter Groenewald.[1] Inhoud Geskiedenis[wysig | wysig bron] Die Vryheidsfront is op 4 Maart 1994 gestig. Die party het destyds besluit om deur deelname aan die demokratiese proses sy doelwitte van minderheidsregte en selfbeskikking na te jaag. ’n Grondwetlike wysiging kort voor die algemene verkiesing van 1994 het voorsiening gemaak vir ’n grondwetlike beginsel wat kulturele en etniese minderheidsgroepe in staat sou stel om hulle vir die bevordering van selfbeskikking binne die raamwerk van die grondwet te beywer. Dit het die weg gebaan vir die Vryheidfront se deelname in die eerste demokratiese verkiesings. In die algemene verkiesing van 1994 het die destydse Vryheidsfront onder die leierskap van Generaal Constand Viljoen 424 555 stemme (2,2% van die nasionale stemme) gekry. Dit het aan die party nege lede in die eerste nasionale vergadering besorg. In die algemene verkiesing van 1999 het die steun van die party afgeneem tot 127 217 (0,8% van die nasionale stemme). Na die munisipale verkiesing van 2016 het die VF+ nes ander kleiner partye met die groter Demokratiese Alliansie (DA) koalisies aangegaan om Johannesburg, Tshwane en verskeie ander munisipaliteite te bestuur. Samesmelting met die KP en AEB[wysig | wysig bron] In September 2003, kort voor die 2004-verkiesing het die Konserwatiewe Party (KP) en die Afrikaner Eenheidsbeweging (AEB) hulle aan die sy van die Vryheidsfront geskaar. Die Vryheidsfront sou sedertdien as die Vryheidsfront Plus bekend staan. In die 2004-verkiesing het die party se steun toegeneem tot 139 465 stemme of 0,89% van die uitgebragte stemme. Dit het aan die party 4 lede in die Nasionale Vergadering en 1 lid in die Nasionale Raad van Provinsies besorg. Die party het ook verteenwoordiging in 5 van die 9 provinsiale wetgewers. Die Vryheidsfront Plus beywer hom daarvoor om die Afrikaner se stem op al die vlakke van regering te verteenwoordig. Die party kan dus nie staat maak op groot getalle stemme nie, omdat die Afrikaner ’n minderheid in Suid-Afrika is. Hulle strategie om resultate te lewer vir die Afrikaner berus eerder in die manier waarop hulle die regerende party nader. Die party poog ook meganismes buiten gewone politiek te gebruik om Afrikaners te bevoordeel. Dit word gedoen as deel van die party se strategie van “Meer as net opposisie”. ’n Voorbeeld hiervan is die webwerf SA Talent wat Suid-Afrikaners uitnodig om hulle kundigheid op ’n databasis te registreer as ’n alternatief vir die invoer van buitelanders om agteruitgang in die staatsdiens en munisipaliteite te verhoed. Kundige Suid-Afrikaners in Suid-Afrika en die buiteland word volgens die party tans weens regstellende aksie verhinder om dit te doen.[3] Meer onlangse suksesse van die Vryheidsfront Plus is ’n geding in die Hooggeregshof van Suid-Afrika om Suid-Afrikaners (waaronder baie Afrikaners) wat hulle tans in die buiteland bevind te laat stem. Die hof het in die VF+ se guns beslis en duisende Suid-Afrikaners het hul stemreg teruggekry en kon in die 2009- en 2014-verkiesings in die buiteland stem. Lid van UNPO[wysig | wysig bron] Op internasionale gebied het die VF+ as organisasie wat die Afrikaner-minderheid verteenwoordig lidmaatskap gekry by UNPO, die Unrepresented Nations and Peoples Organisation, wat staatlose volke verteenwoordig. Jeug[wysig | wysig bron] Die VF+ het ook ’n groeiende en baie aktiewe jeugvleuel onder leiding van Jan van Niekerk en beheer reeds vir ’n aantal jare die universiteitsrade van Pretoria en Bloemfontein en maak vordering by die universiteit van Potchefstroom asook by verskeie tegniese universiteite. Die politieke ideologie van die VF+ kan onder die volgende hoofpunte saamgevat word: - Beywering vir die beskerming en uitbou van Afrikaans en die bevordering van die belange van die Afrikaner - Die beywering vir Christelike waardes en die erkenning van die oppergesag van God Drie-enig soos in die Bybel geopenbaar. Dit maak die VF+ naas die ACDP die enigste Suid-Afrikaanse Party wat ’n uitgesproke christelike uitgangspunt het. - Die nastreef na afwenteling van mag na gemeenskappe toe en die daarstel van ’n federale of selfs konfederale beleid wat aan Suid-Afrika se diversiteit erkenning gee en die einddoel van ’n eie gebied vir die Afrikaner. - Streng wetstoepassing, bekamping van misdaad en die herinstelling van die doodstraf vir besonder ernstige misdade. - Erkenning van veeltaligheid in praktyk wat beteken dat daar voorsiening gemaak moet word vir skole en universiteite in ander tale (by name Afrikaans) behalwe slegs Engels. Leiers[wysig | wysig bron] Nr. | Beeld | Naam | Termynaanvang | Termyneinde | Notas | ---|---|---|---|---|---| 1 | Constand Viljoen | 1 Maart 1994 | 26 Junie 2001 | Hoof van die Suid-Afrikaanse Leër (1976–1980) Hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag (1980–1985) | | 2 | Pieter Mulder | 26 Junie 2001 | 12 November 2016 | Minister van Landbou, Bosbou en Visserye (Suid-Afrika) (2009–2014) | | 3 | Pieter Groenewald | 12 November 2016[4] | Lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika sedert 2009 | Verkiesingsresultate[wysig | wysig bron] Nasionale verkiesings[wysig | wysig bron] Verkiesing | Stemme | % | Setels | ---|---|---|---| 2019 | 414 844 | 2,38 | 10 | 2014[5] | 165 715 | 0,90 | ▬ 4 | 2009 | 146 796 | 0,83 | ▬ 4 | 2004 | 139 465 | 0,89 | 4 | 1999 | 127 217 | 0,80 | 3 | 1994 | 424 555 | 2,17 | 9 | Provinsiale verkiesings[wysig | wysig bron] Verkiesing | Oos-Kaap | Vrystaat | Gauteng | KwaZulu-Natal | Limpopo | Mpumalanga | Noordwes | Noord-Kaap | Wes-Kaap | ||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| % | Setels | % | Setels | % | Setels | % | Setels | % | Setels | % | Setels | % | Setels | % | Setels | % | Setels | | 2019 | 0,58% | 1/63 | 3,96% | ▬ 1/30 | 3,56% | 3/73 | 0,31% | ▬ 0/80 | 1,42% | 1/49 | 2,43% | 1/30 | 4,32% | 2/33 | 2,68% | 1/30 | 1,56% | 1/42 | 2014[5] | 0,31% | ▬ 0/63 | 2,10% | ▬ 1/30 | 1,20% | ▬ 1/73 | 0,20% | ▬ 0/80 | 0,69% | ▬ 0/49 | 0,82% | ▬ 0/30 | 1,72% | 1/33 | 1,09% | ▬ 0/30 | 0,55% | ▬ 0/42 | 2009 | 0,20% | ▬ 0/63 | 2,01% | ▬ 1/30 | 1,63% | ▬ 1/73 | 0,17% | ▬ 0/80 | 0,61% | ▬ 0/49 | 0,89% | 0/30 | 1,81% | 0/33 | 1,24% | 0/30 | 0,43% | ▬ 0/42 | 2004 | 0,26% | 0/63 | 2,47% | 1/30 | 1,34% | 1/73 | 0,28% | 0/80 | 0,60% | 0/49 | 2,24% | 1/30 | 1,32% | 1/33 | 1,55% | 1/30 | 0,62% | 0/42 | Munisipale verkiesings[wysig | wysig bron] Verkiesing | Stemme | % | ---|---|---| 2016[6] | 307 549 | 0,8% | 2011 | 153 159 | 0,5% | 2006 | 252 253 | 1% | 2000 | 0,1% | | 1995–96 | 230 845 | 2,7% | Sien ook[wysig | wysig bron] Verwysings[wysig | wysig bron] - ( ) Pieter Mulder steps down as Freedom Front Plus leader, besoek op 14 November 2016 - ( Groenewald, Pieter (28 Augustus 2018). ) "VF Plus-hoofkantoor vernoem na voormalige leier dr. Pieter Mulder". VF Plus. Besoek op 29 Augustus 2018. - ( ) ( ) SA talent, besoek op 16 Maart 2008 - ( White, Ray. ) "Pieter Mulder steps down as Freedom Front Plus leader". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 November 2016. Besoek op 13 November 2016. - ( ) "2014 Nasionale en Provinsiale Verkiesingsuitslae – 2014 Nasionale en Provinsiale Verkiesingsuitslae". elections.org.za. Besoek op 13 Oktober 2016. - ( ) "Results Summary – All Ballots" (PDF). elections.org.za. Besoek op 13 Oktober 2016. Eksterne skakels[wysig | wysig bron] Wikimedia Commons bevat media in verband met Vryheidsfront Plus. |
<urn:uuid:0f040167-75af-4811-9b7b-8f44b8b00d46>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Vryheidsfront_Plus
2019-07-22T01:40:35Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527458.86/warc/CC-MAIN-20190722010436-20190722032436-00114.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999907
false
Sint-Elmusvuur Sint-Elmusvuur is 'n elektriese weerverskynsel waartydens gloeiende plasma gevorm word deur korona-ontlading van 'n geaarde voorwerp in 'n atmosferiese elektriese veld. Sint-Elmusvuur is vernoem na Sint Erasmus van Formiae, die beskermheilige van matrose. Die verskynsel het soms op skeepsmaste tydens donderstorms voorgekom en is deur matrose met bygelowige ontsag gade geslaan, vandaar die naam.
<urn:uuid:15b627f2-8732-4bd3-8dd1-90fb04fabf68>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Sint-Elmusvuur
2019-07-23T07:42:07Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529007.88/warc/CC-MAIN-20190723064353-20190723090353-00274.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999898
false
Bespreking:Getroud met rugby (TV-reeks) Jump to navigation Jump to search Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Getroud met rugby (TV-reeks)-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. | Artikelriglyne Daaglikse bladtrekke | |
<urn:uuid:33991a78-2970-4aee-a05e-d55255af7e7e>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Getroud_met_rugby_(TV-reeks)
2019-07-23T07:51:47Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529007.88/warc/CC-MAIN-20190723064353-20190723090353-00274.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999991
false
Fläming Die Fläming is 'n heuwelrug en historiese kultuurlandskap in die suidweste van die Duitse deelstaat Brandenburg en die ooste van Sakse-Anhalt. Dit strek van oos van Maagdenburg af oor 'n afstand van meer as 100 kilometer tot by die Dahme-rivier. Die Fläming, wat tussen 30 en 50 kilometer wyd is, maak deel uit van die sogenaamde Suidelike Heuwelrug (Südlicher Landrücken) wat veral in die Saale-ystydperk gevorm is. Die stad Jüterbog word as die grens tussen die Hoë Fläming in die weste en die Lae Fläming in die ooste beskou. Die landskap se naam verwys na die Vlaamse setlaars (Flemingen) wat die gebied ná die stigting van die Mark Brandenburg in 1157 gekoloniseer het. Die Fläming was eeue lank 'n grensgebied tussen Slawiërs en Duitsers en later tussen die Keurvorstedom Sakse en Brandenburg. Met die Slag naby Hagelberg en die Slag naby Dennewitz het in 1813 belangrike veldslagte in die bevrydingsoorlog teen die Franse heerskappy in die Fläming plaasgevind. Ná die Franse en Saksiese nederlaag is die hele Fläming in 1815 by die Koninkryk Pruise ingelyf. Die yl bevolkte streek en veral die Lutherstad Wittenberg word as die vroeë bakermat van die Protestantse Hervorming beskou. Die dorpsbeeld van talle landelike nedersettings in die Fläming word deur veldsteenkerke oorheers. Die gebied het tradisioneel veral op land- en bosbou gesteun, maar intussen ook tot 'n toeristetrekpleister ontwikkel. Die natuurpark Hoher Fläming en die natuurpark Fläming lok met 'n verskeidenheid natuur-, stap- en perderoetes.
<urn:uuid:bfdff3fe-d397-4130-b5be-9477b7b6f421>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Fl%C3%A4ming
2019-07-23T07:44:09Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529007.88/warc/CC-MAIN-20190723064353-20190723090353-00274.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999976
false
Hierdie kategorie bevat slegs die volgende subkategorie. Die volgende 4 bladsye is in hierdie kategorie, uit 'n totaal van 4.
<urn:uuid:f055377d-0f2d-493f-895e-a6942fac5bca>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Duik
2019-07-23T07:53:30Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529007.88/warc/CC-MAIN-20190723064353-20190723090353-00274.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999998
false
1965 jaar 1965 | ◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ► | Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal | Sien ook: Kategorie:1965 | Kalenders | | Bloedige Sondag in Selma. Alabama | | Die jaar 1965 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 65ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. GebeureWysig - 17 Februarie – Lyndon B. Johnson word die 36ste President van die Verenigde State. - 18 Februarie – Gambië word Afrika se 36ste staat. - 7 Maart – Amerikaanse Burgerregtebeweging: Burgerregte betogers wat van Selma na Montgomery, Alabama marsjeer word brutaal deur die polisie aangeval op Bloedige Sondag. - 18 Maart – Ruimtevaarder Aleksei Leonof trek ’n ruimtepak aan en verlaat die Voskhod 2 ruimtetuig om die eerste persoon te word om in die ruimte te loop - 3 Junie – Edward H. White onderneem die eerste Amerikaanse ruimtewandeling vanuit Gemini IV. - 16 Julie – Die Mont Blanc-tonnel word in diens gestel. - 26 Julie – Die Maledive word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik. - Augustus – Die Indies-Pakistanse Oorlog breek uit. - 9 Augustus – Singapoer word van Maleisië onafhanklik. - 10 Augustus – Karen Muir, Suid-Afrikaanse swemster stel ’n wêreldrekord op in die 110 treë-rugslag (tans 100 m); die jongste persoon tot nog toe om ’n wêreldrekord in swem op te stel. - 25 November – Frankryk lanseer sy eerste satelliet (Astérix). - 30 Desember – Ferdinand Marcos word President van die Filippyne. - 11 November – Zimbabwe word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik. GeboortesWysig - 10 Februarie – Dana Winner, Belgiese sangeres. - 26 Mei – Miri Regev, Israelse politikus. - 1 Junie – Illse Roos, Suid-Afrikaanse aktrise. - 28 Junie – Tiaan Strauss, Suid-Afrika se drie-en-veertigste Springbokkaptein. - 19 Augustus – Johan Botha, Suid-Afrikaanse tenoor († 2016). - 24 September – Irene van Wyk, Afrikaanse gospel-sangeres († 2009). - 26 September – Petro Porosjenko, Oekraïense sakeman en politikus, vyfde president van Oekraïne (sedert 2014). - 14 Oktober – Karyn White, Amerikaanse sangeres. - 2 November – Paweł Adamowicz, 'n Poolse politikus († 2019). SterftesWysig - 4 Januarie – T.S. Eliot, Amerikaans-Britse digter en dramaturg, ontvanger van die Nobelprys vir Letterkunde, 1948 (* 1888). - 24 Januarie – Winston Churchill, Britse politikus en staatsman, Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk, en ontvanger van die Nobelprys vir Letterkunde, 1953 (* 1874) - 22 Junie – David O. Selznick, Amerikaanse rolprentvervaardiger (* 1902) - 13 Junie – Martin Buber, Oostenrykse-Israeliese-joodse godsdiensfilosoof (* 1878) - 28 Junie – Red Nichols, Amerikaanse jazzkornetspeler en komponis (* 1905) - 19 Julie – Ingrid Jonker, Suid-Afrikaanse digteres (* 1933) - 14 Oktober – Attie van Heerden, atleet en rugbyspeler (* 1898) - 16 Desember – W. Somerset Maugham, Engelse skrywer (* 1874).
<urn:uuid:46cd7856-4fcb-432b-a34e-0fc7be2e3efb>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/1965
2019-07-19T12:00:43Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526237.47/warc/CC-MAIN-20190719115720-20190719141720-00378.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999683
false
Teoretiese fisika Die teoretiese fisika of teoretiese natuurkunde is ’n tak van fisika wat handel oor die vorming van nuwe natuurkundige teorieë. Dit word onderskei van eksperimentele fisika, wat onder meer teorieë met behulp van eksperimente en toetse bevestig of weerlê, en die tegniese fisika, wat die bekende fisikawette toepas in apparate, soos masjiene, vliegtuie, energiesentrales ens. Inhoud BeskrywingWysig Daar is verskeie soorte teoretici in fisika. Fenomenologiese teoretici sal byvoorbeeld ’n patroon onder verskynsels in ’n reël of wet probeer saamvat. Fundamentele teoretici neem een of meer basisbeginsels aan en lei vervolgens af wat die gevolge van die beginsels is. ’n Goeie voorbeeld van laasgenoemde is die algemene relatiwiteitsteorie. Dit het ontstaan uit ’n paar basisbeginsels en daaruit is ’n hele wêreldbeeld afgelei wat later verskeie eksperimentele toetse deurstaan het. Naas teorievorming word ook bestaande teorieë in teoretiese fisika uitgebou. Op grond van die wette vir die gedrag van ’n elektron wat al lank gelede getoets en aanvaar is, sal die gedrag van elektrone in ’n bepaalde metaal bereken kan word. Dié afgeleide wette bevat geen nuwe basisbeginsels nie, maar pas bestaande teorieë breër toe. Uit ’n wetenskaplike teorie moet toetsbare voorspellings gemaak kan word. Selfs al word ’n teorie verkeerd bewys, kan dit daartoe lei dat dit herformuleer en daarna wel geverifieer kan word. As ’n teorie egter nie toetsbaar is nie, het dit geen sin nie. Dit is een van die besware teen die snaarteorie: dat toetseksperimente dalk nie uitvoerbaar is nie. Die eerste toets van ’n teorie is natuurlik dat dit geen bekende verskynsels mag uitsluit nie. GeskiedenisWysig Die teoretiese fisika is ouer as die eksperimentele fisika: die ou Grieke het wel oor die natuur gefilosofeer, maar geen eksperimente gedoen om hul teorieë te toets nie. So het Aristoteles beweer swaar voorwerpe val vinniger as ligte voorwerpe. Dit sou eenvoudig gewees het om dit te toets, maar dié ou filosowe het dit eenvoudig nie gedoen nie. In die vroeë moderne tyd is weggebreek van dié tradisie en is begin met die toetsing van teorieë. Vir lank het die teoretici self hul teorieë getoets. Dit was destyds makliker uitvoerbaar, want baie eksperimente is sommer op die kombuistafel uitgevoer. Galilei het nog self toetse met vallende voorwerpe van die Skewe Toring van Pisa af gedoen;[1] Huygens het onder meer teleskope gebou en Saturnus daardeur bekyk;[2] Newton het proewe gedoen met ligbreking en waarnemings met ’n selfgeboude spieëlteleskoop gemaak.[3] Gespesialiseerde teoretiese fisici het meer onlangs hul verskyning gemaak. In die eerste helfte van die 19de eeu was daar nog vooraanstaande fisici wat belangrike insigte ontwikkel het op uiteenlopende gebiede soos termodinamika en elektrisiteit, maar daarna het dit al hoe seldsamer geword. Die toetsing van eie teorieë het ook afgeneem. In die laat 1800's is die eerste hoogleraars in teoretiese fisika in Europa aan universiteite aangestel[4] In die 20ste eeu het teoretici reeds in een vakgebied gespesialiseer: byvoorbeeld statistiese meganika, kernfisika, deeltjiefisika ens. Groot drieWysig VerwysingsWysig Eksterne skakelsWysig - Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse Wikipedia
<urn:uuid:64f82ac4-f586-4bd4-8330-4d3a0ecc47c7>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Teoretiese_fisika
2019-07-19T12:49:36Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526237.47/warc/CC-MAIN-20190719115720-20190719141720-00378.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999985
false
Bespreking:Alt-J Jump to navigation Jump to search Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Alt-J-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. | Artikelriglyne Daaglikse bladtrekke | |
<urn:uuid:841ff280-382b-40ff-87f1-6c61babb8b0e>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Alt-J
2019-07-23T07:26:40Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529007.88/warc/CC-MAIN-20190723064353-20190723090353-00298.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999979
false
Geelrugflap Die Geelrugflap (Euplectes macrourus) is 'n voël wat hoofsaaklik in vogtige grasveld en vleierige gebiede van Zimbabwe voorkom. Die broeiende mannetjie het 'n langer stert as die Kaapse flap en is swart met geel op sy mantel. Die nie-broeiende mannetjie behou die geel skouers en swarterige vlerke. In Engels staan die voël ook bekend as Yellow-mantled Widowbird. Geelrugflap | |||||||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Bewaringstatus | |||||||||||||||| Wetenskaplike klassifikasie | |||||||||||||||| Binomiale naam | |||||||||||||||| Euplectes macroura (Gmelin, 1789) | Sien ookWysig BronWysig VerwysingsWysig - BirdLife International (2012). "Euplectes macroura". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.
<urn:uuid:f69ca030-7cd1-442f-b2e0-62452843502a>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Euplectes_macroura
2019-07-15T19:54:05Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524111.50/warc/CC-MAIN-20190715195204-20190715221204-00482.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.997847
false
Boekbronne Jump to navigation Jump to search Biblioteke Suid-Afrika: - Soek die boek in die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika se katalogus - Soek die boek in die SEALS Konsortium se biblioteek - Soek die boek in die Universiteit van Suid-Afrika se biblioteek - Soek die boek in die Universiteit van die Witwatersrand se biblioteek - Soek die boek in die Kaapse Hoër Onderwys Konsortium se biblioteek Wêreldwyd: - Soek die boek deur WorldCat in jou plaaslike biblioteek se katalogus Boekwinkels Suid-Afrika: Ander lande:
<urn:uuid:b27388bf-8dec-41df-b7be-e898998d3d01>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Boekbronne/0731657942
2019-07-15T20:22:01Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524111.50/warc/CC-MAIN-20190715195204-20190715221204-00482.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999935
false
Hulp Bladsye wat na "Europese kuskrap" skakel ← Europese kuskrap Jump to navigation Jump to search Skakels hierheen Bladsy: Naamruimte: alle (Hoof) Bespreking Gebruiker Gebruikerbespreking Wikipedia Wikipediabespreking Lêer Lêerbespreking MediaWiki MediaWikibespreking Sjabloon Sjabloonbespreking Hulp Hulpbespreking Kategorie Kategoriebespreking Portaal Portaalbespreking Module Module talk Gadget Gadget talk Gadget definition Gadget definition talk Omgekeerde seleksie Filters Versteek insluitings | Versteek skakels | Versteek aansture Die volgende bladsye skakel na Europese kuskrap : Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). Carcinus maenas (aanstuurblad) ( ← skakels wysig ) Indringerspesies van Suider-Afrika ( ← skakels wysig ) Bespreking:Europese kuskrap ( ← skakels wysig ) Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Europese_kuskrap " Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Gereedskap Spesiale bladsye Drukbare weergawe Ander tale Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:8f3d52d5-ea16-4bd1-86e0-a17cacb8755f>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Europese_kuskrap
2019-07-20T20:10:27Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526670.1/warc/CC-MAIN-20190720194009-20190720220009-00002.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.996719
false
Magnus Carlsen Magnus Carlsen | | Naam | Sven Magnus Øen Carlsen | ---|---| Geboorte | 30 November 1990 Tønsberg, Vestfold, Noorweë | Nasionaliteit(e) | Noorweë | Titel | Grootmeester 2004 | FIDE rang | No. 1 (November 2018) | Beste gradering | 2882 (Mei 2014) | Wêreldkampioen | 2013–nou | Sven Magnus Øen Carlsen (gebore op 30 November 1990) is 'n Noorse skaakspeler en die huidige wêreldkampioen. Sy beste gradering van 2882, wat hy in 2014 bereik het, is die hoogste in skaakgeskiedenis. Carlsen het die wêreldkampioenskap in 2013, 2014, 2016 en 2018 gewen. Kinderdae[wysig | wysig bron] Hy het drie susters, in 2010 het hy gesê dat een van die dinge wat hom gemotiveer het om skaakspeel ernstig te beoefen, was die begeerte om sy oudste suster te kon klop.[2] Synde 'n skaakwonderkind, het Carlsen gelykgespeel vir eerste plek in die Wêreld-onder-12 skaakkampioenskap in 2002. Carlsen was bekend vir sy aanvallende styl as 'n tiener, maar het sedertdien tot 'n universele speler ontwikkel. Hy gebruik 'n verskeidenheid openings om dit vir sy teenstanders moeiliker te maak om voor te berei en ook die effek van rekenaaranalise te verminder. Wêreldkampioen[wysig | wysig bron] Hy het in 2013 die wêreldkampioen geword nadat hy Viswanathan Anand verslaan het. In 2014, het hy weer vir Anand verslaan. Hy het ook die 2014 blitsskaak wêreldkampioenskap gewen. In 2016, het hy sy titel verdedig teen Sergey Karjakin. In 2018 het hy vir Fabiano Caruana gewen. Boeke en films[wysig | wysig bron] - Valaker, O; Carlsen, M. (2004). Lær sjakk med Magnus [Learn Chess with Magnus]. Gyldendal Norsk Forlag. ISBN 978-82-05-33963-7. - The Prince of Chess, a film about Magnus Carlsen (2005). Directed by Øyvind Asbjørnsen.[3] - Opedal, Hallgeir (2011). Smarte trekk. Magnus Carlsen: Verdens beste sjakkspiller [Smart Moves. Magnus Carlsen: The World's Best Chess Player]. Kagge. ISBN 978-82-489-1050-3 - Mikhalchishin, Adrian; Stetsko, Oleg. (2012). Fighting Chess with Magnus Carlsen (Progress in Chess). Edition Olms. ISBN 978-3-283-01020-1. - Crouch, Colin (2013). Magnus Force: How Carlsen Beat Kasparov's Record. Everyman Chess. ISBN 978-1-78194-133-1. - Kotronias, Vassilios & Logothetis, Sotiris (2013). Carlsen's assault on the throne. Quality Chess. ISBN 978-1-906552-22-0. - Magnus (2016). Directed by Benjamin Ree.[4][5] Verwysings[wysig | wysig bron] - McClain, Dylan Loeb (2008). Magnus Carlsen, chess prodigy from Norway. URL besoek op 26 September 2019. - Davidson, Max (2 December 2010). My perfect weekend: Magnus Carlsen. - The Prince of Chess in die Internet-rolprentdatabasis - Magnus in die Internet-rolprentdatabasis - Magnus – the chess movie (29 Maart 2016). URL besoek op 1 Mei 2016.
<urn:uuid:33b25346-9120-4862-9182-bfc727455ae6>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Magnus_Carlsen
2019-07-22T01:43:35Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527458.86/warc/CC-MAIN-20190722010436-20190722032436-00162.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.994503
false
Sesstreep-seepvis Sesstreep-seepvis | |||||||||||||||||||||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| 'n Jong Sesstreep-seepvis. | |||||||||||||||||||||||||||||| Bewaringstatus | |||||||||||||||||||||||||||||| Nie geëvalueer (IUBN 3.1) | |||||||||||||||||||||||||||||| Wetenskaplike klassifikasie | |||||||||||||||||||||||||||||| Binomiale naam | |||||||||||||||||||||||||||||| Grammistes sexlineatus Thunb., 1792 | Die Sesstreep-seepvis (Grammistes sexlineatus) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee, die westelike Indiese Oseaan en aan die ooskus van Afrika van Oman tot by Algoabaai. In Engels staan die vis bekend as die Sixstripe soapfish. Voorkoms[wysig | wysig bron] Die vis se lyf is donker bruin met 4 - 6 geel horisontale strepe op. By die ouer visse lyk die strepe soos stippel lyne. Die onvolwasse vissies het geel kolle op. Die vis word tot 27 cm lank. Habitat[wysig | wysig bron] Die vis leef in vlak koraal en rots riwwe en die onvolwasse vissies in getypoele. Hulle word nooit dieper as 50 m gesien nie. Die vis se vel produseer 'n laag toksiese slym (dit gee die vis 'n slegte smaak) as 'n afweermiddel. Die spesie is alleenswemmers en vreet skaaldiere en vis. Die vis kan in akwariums oorleef. Sien ook[wysig | wysig bron] - Alfabetiese lys van visse - Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name - Lys van varswater visfamilies - Lys van visfamilies Bron[wysig | wysig bron] - Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7
<urn:uuid:dd0706fe-24d5-4302-b92d-dea823adba44>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Sesstreep-seepvis
2019-07-23T08:26:05Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529007.88/warc/CC-MAIN-20190723064353-20190723090353-00322.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.995325
false
- OpenMandriva Lx 4.0 Alpha 298 besoeke - OpenMandriva Lx 4.0 Alpha 525 besoeke - OpenMandriva Lx 4.0 Alpha 506 besoeke - Gradering telling 2.82 - OpenMandriva Lx 4.0 Alpha1 484 besoeke - OpenMandriva Lx 4.0 Alpha1 460 besoeke - OpenMandriva Lx 4.0 Alpha1 512 besoeke - OpenMandriva Lx 4.0 Alpha1 501 besoeke - OpenMandriva Lx 4.0 Alpha1 629 besoeke - OpenMandriva Lx 4.0 Alpha1 599 besoeke - OpenMandriva Lx 4.0 Alpha1 537 besoeke - OpenMandriva Lx 4.0 Alpha1 486 besoeke - OpenMandriva Lx 4.0 Alpha1 464 besoeke - OpenMandriva Lx 4.0 Alpha1 442 besoeke - OpenMandriva Lx 4.0 Alpha1 440 besoeke - OpenMandriva Lx 4.0 Alpha1 419 besoeke - OpenMandriva Lx 4.0 Alpha1 417 besoeke - OpenMandriva Lx 4.0 Alpha1 388 besoeke - OpenMandriva Lx 4.0 Alpha1 374 besoeke - Gradering telling 2.82 - OpenMandriva Lx 4.0 Alpha1 417 besoeke - OpenMandriva Lx 4.0 Alpha1 375 besoeke - OpenMandriva Lx 4.0 Alpha1 373 besoeke - OpenMandriva Lx 4.0 Alpha1 335 besoeke - OpenMandriva Lx 4.0 Alpha1 324 besoeke - OpenMandriva Lx 4.0 Alpha1 309 besoeke - OpenMandriva Lx 4.0 Alpha 406 besoeke - OpenMandriva Lx 4.0 Alpha 398 besoeke - OpenMandriva Lx 4.0 Alpha 420 besoeke - OpenMandriva Lx 4.0 Alpha 454 besoeke
<urn:uuid:234517ec-8fd5-4b22-ae55-083f14c51035>
CC-MAIN-2019-30
https://gallery.openmandriva.org/index.php?/category/OMLx_4-0&lang=af_ZA
2019-07-17T03:24:13Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525009.36/warc/CC-MAIN-20190717021428-20190717043428-00106.warc.gz
by-sa
3.0
a_tag
false
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ false ], "location": [ "a_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.922775
false
Anatoli Onoprijenko Anatoli Joerijowitsj Onoprijenko (Oekraïens: Анатолій Юрійович Онопрієнко, 25 Julie 1959 – 27 Augustus 2013) was ’n Oekraïense reeks- en massamoordenaar.[1] Hy is ook bekend as die Ondier van Oekraïne en Burger O. Nadat die polisie die 37-jarige voormalige bosboustudent op 16 April 1996 aangekeer het, het Onoprijenko beken dat hy 52 mense doodgemaak het.[2][3] Anatoli Onoprijenko Анатолій Онопрієнко | || Gebore | 25 Julie 1959 | | Oorlede | 27 Augustus 2013 (op 54) | | Rede vir dood | Hartversaking | | Land | Sowjetunie | | Bynaam | Ondier van Oekraïne Burger O | | Misdaad | Reeks massamoorde | | Misdaadbesonderhede | || Plek | Oekraïense SSR | | Datum(s) | 1989–1996 | | Slagoffers | 52 | | Metode | Doodgeskiet, doodgeslaan | | Motief | Roof | | Vonnisbesonderhede | || Aangekeer | 16 April 1996 | | Vonnis | Lewenslange tronkstraf | Inhoud KinderjareWysig Onoprijenko is op die dorp Laski in die Zjitomir-oblast, Oekraïense SSR,[4] gebore. Hy was die jongste van twee seuns; sy broer, Walentin, was 13 jaar ouer. Toe Anatoli vier jaar oud was, is sy ma dood en sy grootouers en tante het hom grootgemaak voordat hy na ’n kinderhuis op die dorp Priwitnoje is. Volgens Onoprijenko was hy baie ongelukkig omdat hy weggestuur is terwyl sy broer by sy pa agtergebly het.[5] MoordeWysig Toe die polisie hom eindelik aankeer, was Onoprijenko in besit van altesaam 122 items, onder meer ’n afgesaagde TOZ-34-haelgeweer en verskeie ander wapens, wat in verskeie van die moorde gebruik is, asook artikels wat aan die slagoffers behoort het. Terwyl hy aangehou is, het hy eindelik skuld beken op agt moorde tussen 1989 en 1995. Hy het eers skuld op enige ander aanklagte ontken, maar toe beken hy het oor ’n periode van ses jaar 52 mense doodgemaak.[4] Hy het gesê hy het die opdrag van innerlike stemme uitgevoer toe hy gemoor het.[5] Die volgende moorde is dié waarop Onoprijenko skuld beken het, in chronologiese volgorde:[5] - 1-10. In 1989 is ’n gesin van tien (twee volwassenes en agt kinders) tydens ’n rooftog vermoor toe hulle op die rower afkom. Onoprijenko het geê hy en ’n medepligtige, Sergei Rogozin, het verskeie huise beroof en die gesin vermoor met wapens wat hulle by hulle gehad het vir selfverdediging. Hy het daarna alle kontak met Rogozin verbreek. - 11-15. In dieselfde jaar is vyf mense, onder andere ’n 11-jarige seun, in hul motor doodgeskiet terwyl hulle geslaap het. Hul lyke is daarna verbrand. Onoprijenko het gesê hy wou net die motor beroof en die moorde was onbedoeld. - 16-19. Op 24 Desember 1995 is die Zaitsjenko-gesin van vier met ’n afgesaagde dubbelloophaelgeweer doodgeskiet tydens ’n rooftog by hul huis op Garmarnia, ’n dorp in Sentraal-Oekraïne. Die huis is aan die brand gesteek. - 20-24. Op 2 Januarie 1996 is ’n gesin van vier doodgeskiet. ’n Man wat verbygestap het, is ook vermoor. - 25-28. Op 6 Januarie 1996 het Onoprijenko na bewering vier mense in drie aparte voorvalle vermoor op die Berdjansk-Dnieprofskaja-snelweg; hy het motors voorgekeer en die insittendes vermoor. - 29-35. Op 17 Januarie 1996 is die Pilat-gesin van vyf in hul huis doodgeskiet voordat die huis aan die brand gesteek is. Twee moontlike ooggetuies is ook vermoor. - 36-39. Op 30 Januarie 1996 is ’n ma, haar twee seuns en ’n besoeker in Kiëf-oblast doodgeskiet. - 40-43. Op 19 Februarie 1996 is die Doebtsjak-gesin in Olefsk vermoor. Volgens Onoprijenko het hy die pa en seun doodgeskiet, die ma met ’n hamer doodgeslaan en geld van die dogter geëis voordat hy haar ook doodgeslaan het toe sy weier om vir hom geld te gee. - 44-48. Op 27 Februarie 1996 is die Bodnartsjoek-gesin in Malina vermoor. Volgens Onoprijenko het hy die ouers doodgeskiet en die dogters van 7 en 8 jaar met ’n byl doodgekap. ’n Uur later het hy ’n buurman doodgeskiet wat hy op die erf betrap het en toe sy lyk met die byl opgekap. - 49-52. Op 22 Maart 1996 was die Nowosad-gesin van vier na bewering Onoprijenko se laaste slagoffers. Volgens hom het hy die gesin doodgeskiet en hul huis aan die brand gesteek om enige getuienis te vernietig. Arres en vonnisWysig In Maart 1996 het die Oekraïense veiligheidsdiens en spesialiste van die kantoor van die openbare aanklaer die 26-jarige Joeri Mozola aangehou as ’n verdagte in verskeie wreedaardige moorde. Oor die verloop van drie dae is hy gemartel (gebrand, geskok en geslaan).[6] Mozola het geweier om skuld te beken en is tydens die marteling dood. Die sewe mense wat vir sy dood aanspreeklik was, het tronkstraf gekry.[7] Die regte moordenaar, Onoprijenko, is 17 dae later ná ’n enorme soektog aangekeer – sewe jaar ná sy eerste moord. VerwysingsWysig - Ramsland, Katherine. "Serial Mass Murder". Crime Library. Besoek op 11 Julie 2014. - "Accused Ukrainian serial killer makes surprise request at trial". CNN. 1998-11-30. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2008-05-19. Besoek op 2008-09-10. - Commarasamy, James (1998-11-23). "The lives changed by Onoprienko". BBC News. Besoek op 2008-09-10. - Serial killer Onopriyenko dies in Zhytomyr prison, Interfax-Ukraine (28 Augustus 2013) - Lohr, David. "Anatoly Onoprienko, Citizen O". Crime Library. Besoek op 11 Julie 2014. - "State security agents appeal torture convictions". PRIMA News Agency. 2000-12-07. Besoek op 2008-09-10. [dooie skakel] - "Ukrainian Ombudsman brings a suit against Prosecutor's office and Cheka agents". PRIMA News Agency. 2002-03-19. Besoek op 2012-01-19. - "Серийный убийца Анатолий Оноприенко умер в украинской тюрьме". Interfax (in Russian). 27 Augustus 2013. Besoek op 27 Augustus 2013.
<urn:uuid:d8b124d5-f917-459e-b717-4543826429ac>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Anatoli_Onoprijenko
2019-07-19T12:50:17Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526237.47/warc/CC-MAIN-20190719115720-20190719141720-00426.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999967
false
Neogeen Die Neogeen is die tweede geologiese periode van die Kainosoïese Era en strek van die einde van die Paleogeen sowat 23 miljoen jaar gelede tot die begin van die Kwartêr sowat 2,588 miljoen jaar gelede. Dié periode bestaan uit twee epogs: die Mioseen en die Plioseen. Die Neogeen strek oor sowat 20 miljoen jaar. In dié periode het soogdiere en voëls verder ontwikkel in baie van die moderne vorme, terwyl ander groepe diere relatief onveranderd gebly het. Die vroeë Hominidae, die voorouers van die mens, het in Afrika sy verskyning gemaak. Van die kontinente het verder geskuif – die belangrikste is Suid-Amerika wat laat in die Plioseen tot teen Noord-Amerika geskuif het. Dit het die warm seestrome van die Stille na die Atlantiese Oseaan afgesny. Die aarde se klimaat het aansienlik afgekoel tydens die Neogeen, en dit het gelei tot ’n reeks ysvormings in die daaropvolgende Kwartêr. Klimaat en geografieWysig Die seisoene het ontstaan en die klimaat het steeds kouer en droër geword. Die ys op die pole het dikker geword en teen die einde van die periode het die eerste van ’n reeks ysvormings van die huidige Ystydperk begin. Flora en faunaWysig Die see- en landlewe was teen dié tyd redelik modern. Soogdiere en voëls het steeds die dierelewe buite die see oorheers en het talle vorme aangeneem namate hulle by verskeie habitats aangepas het. Die eerste Hominidae, die voorouers van die mens, het in Afrika ontstaan en na Eurasië versprei. Eksterne skakelsWysig - Digitale Atlas van Neogeen-lewe - Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Neogeen. - Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Neogeen. Proterosoïkum | Fanerosoïese Eon | ||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Neo- | Paleosoïese Era | Mesosoïese Era | Kainosoïese Era | ||||||||| Ediacarium | Kambrium | Ordovisium | Siluur | Devoon | Karboon | Perm | Trias | Jura | Kryt | Paleogeen | Neogeen | Kwartêr |
<urn:uuid:68253652-fbb2-4db2-8d46-f1d127de057f>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Neogene
2019-07-19T12:41:30Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526237.47/warc/CC-MAIN-20190719115720-20190719141720-00426.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99998
false
Maak hoofkeuseskerm oop Soek Wysigings ← Ouer wysiging Nuwer wysiging → Gekoördineerde Universele Tyd (wysig) Wysiging soos op 02:12, 26 September 2012 58 grepe bygevoeg , 6 jaar gelede k r2.7.3) (robot Bygevoeg: mr:जागतिक समन्वित वेळ [[mk:Координирано универзално време]] [[ml:അന്താരാഷ്ട്രസമയക്രമം]] [[mr:जागतिक समन्वित वेळ]] [[ms:Waktu Semesta Berkoordinat]] [[nah:Tlatēcpānalli cemānāhuaccāhuitl]] Xqbot 47 515 wysigings Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/1020523 "
<urn:uuid:e63da480-30e8-4dd7-8772-fddb17712b65>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/1020523
2019-07-19T12:33:44Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526237.47/warc/CC-MAIN-20190719115720-20190719141720-00426.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.913999
false