text
string | id
string | dump
string | url
string | date
string | file_path
string | license_abbr
string | license_version
string | license_location
string | license_in_head
bool | license_in_footer
bool | potential_licenses
dict | license_parse_error
bool | license_disagreement
bool | language_script
string | language
string | language_score
float64 | found_in_fw
bool |
|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
High-Definition Multimedia Interface
Die High-Definition Multimedia Interface (HDMI) is 'n koppelvlak wat vanaf die middel van 2003 vir moderne, digitale multimedia-toepassings ontwikkel is wat baie groot oordragsnelhede benodig, soos digitale televisie, HDTV, Blu-ray, HD-DVD en omringklankformate met hoë resolusie.
Ná die implementering van 'n kopieerbeskerming (High-bandwidth Digital Content Protection, HDCP) is die HDMI-aansluiting as die nuwe standaard vir elektroniese oudio- en video-verbruikersware ingevoer. Dit kan beeld en oudio gelyktydig verwerk en sal mettertyd ouer standaarde soos die SCART-, RCA-Cinch- en YUV-koppelvlakke vervang. Die huidige HDMI-weergawe is 2.0a.
Aanpasbaarheid[wysig | wysig bron]
Danksy die hoë bandwydte kan die HDMI-koppelvlak alle huidige digitale formate verwerk. Oudio-frekwensies van 192 kHz en 24 bis woordlengte, soos dié van die DVD-Oudio, Blu-ray en HD-DVD, kan met HDMI op maksimaal 8 of 32 kanale digitaal verwerk word, net soos hoëresolusie-video-gegewens van Blu-ray, HD-DVD en HDTV. HDMI handhaaf 'n video-bandwydte van maksimaal 600 MHz en is ook geskik vir die hoogste resolusies van 1080, 1440 en 2160 beeldlyne met progressiewe verwerking.
HDMI-standaarde[wysig | wysig bron]
Nuwe klassifikasie | Vroeëre klassifikasie | Invoering | Maksimale data-oordrag | Maksimale video- beeldformaat |
Klankformate | Kleurruimte | Prop-tipe | Ander besonderhede |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
HDMI Standaard | HDMI 1.0 | Desember 2002 | Tipe A: 3,96 GBit/s (165 MHz × 8 bit × 3) |
1080p/60 Hz | 8 PCM, Dolby Digital, DTS, MPEG | 24 bit RGB/36 bit YUV | Tipe A | — |
HDMI 1.1 | Mei 2005 | Tipe A: 3,96 GBit/s (165 MHz × 8 bit × 3) Tipe B: 7,92 GBit/s (165 MHz × 8 bit × 6) |
1080p/60 Hz | 8 PCM, Dolby Digital, DTS, MPEG, DVD-Oudio | 24 bit RGB/36 bit YUV | Tipe A, B | — | |
HDMI 1.2 | Augustus 2005 | Tipe A: 3,96 GBit/s (165 MHz × 8 bit × 3) Tipe B: 7,92 GBit/s (165 MHz × 8 bit × 6) |
1080p/60 Hz | 8 PCM, Dolby Digital, DTS, MPEG, DVD-Oudio, SACD | 24 bit RGB/36 bit YUV | Tipe A, B | — | |
HDMI 1.2a | Desember 2005 | Tipe A: 3,96 GBit/s (165 MHz × 8 bit × 3) Tipe B: 7,92 GBit/s (165 MHz × 8 bit × 6) |
1080p/60 Hz | 8 PCM, Dolby Digital, DTS, MPEG, DVD-Oudio, SACD | 24 bit RGB/36 bit YUV | Tipe A, B | Ondersteun CEC, toets vir kabellengtes | |
HDMI High Speed | HDMI 1.3 | Junie 2006 | Tipe A+C: 8,16 GBit/s (340 MHz × 8 bit × 3) |
1440p/60 Hz | 8 PCM, Dolby Digital, DTS, MPEG, DVD-Oudio, SACD, Dolby Digital Plus, TrueHD und dts-HD | 24 bit RGB/36 bit YUV, Deep Color 30, 36 en 48 bit RGB/YUV, xvYCC-kleurruimte (IEC 61966-2-4) | Tipe A, Mini-HDMI (Tipe C) | Ondersteun CEC, toets vir kabellengtes, Lip Sync |
HDMI 1.3a/b/c | November 2006 | Tipe A+C: 8,16 GBit/s (340 MHz × 8 bit × 3) |
1440p/60 Hz | 8 PCM, Dolby Digital, DTS, MPEG, DVD-Oudio, SACD, Dolby Digital Plus, TrueHD en dts-HD | 24 bit RGB/36 bit YUV, Deep Color 30, 36 en 48 bit RGB/YUV, xvYCC-kleurruimte (IEC 61966-2-4) | Tipe A, Mini-HDMI (Tipe C) | Foutoplossings volgens spesifikasie 1.3, 3D (tot 1080i, net spelers)[1] | |
HDMI High Speed with Ethernet | HDMI 1.4 | Mei 2009 | Tipe A+C: 8,16 GBit/s (340 MHz × 8 bit × 3) |
2160p/24Hz | 8 PCM, Dolby Digital, DTS, MPEG, DVD-Oudio, SACD, Dolby Digital Plus, TrueHD en dts-HD | 24 bit RGB/36 bit YUV, Deep Color 30, 36 en 48 bit RGB/YUV, xvYCC-kleurruimte (IEC 61966-2-4), sYCC601, Adobe RGB, AdobeYCC601 | Tipe A, Mini-HDMI (Tipe C), Micro HDMI Connector, Automotive Connection System | 4K-resolusie, HDMI Ethernet Channel, Audio Return Channel, 3D (geen unieke standaarde nie)[2] |
HDMI 1.4a | Maart 2010 | Tipe A+C: 8,16 GBit/s (340 MHz × 8 bit × 3) |
2160p/24Hz | 8 PCM, Dolby Digital, DTS, MPEG, DVD-Oudio, SACD, Dolby Digital Plus, TrueHD en dts-HD | 24 bit RGB/36 bit YUV, Deep Color 30, 36 en 48 bit RGB/YUV, xvYCC-kleurruimte (IEC 61966-2-4), sYCC601, Adobe RGB, AdobeYCC601 | Tipe A, Mini-HDMI (Tipe C), Micro HDMI Connector, Automotive Connection System | 3D-oordragstandaarde (Side-by-Side Horizontal und Top-and-Bottom),[3] 3D-standaarde vir rolprente 1080p/24Hz en spele 720p/50Hz of 60 Hz[4] | |
HDMI 2.0 | September 2013 | Tipe A+C+D: 14,4 GBit/s (18 GBit/s met 8b/10b overhead) (600 MHz x 8 bis x 3) |
2160p/60 Hz 1080p/48 Hz (3D) |
8 PCM, Dolby Digital, DTS, MPEG, DVD-Oudio, SACD, Dolby Digital Plus, TrueHD en dts-HD; 32-kanaal-oudio @ 1536 kHz | BT.2020 wide color gamut | Tipe A, C (Mini-HDMI), D (Mikro-HDMI) | ||
HDMI 2.0a | April 2015 | Tipe A+C+D: 14,4 GBit/s (18 GBit/s met 8b/10b overhead) (600 MHz x 8 bis x 3) |
2160p/60 Hz 1080p/48 Hz (3D) |
8 PCM, Dolby Digital, DTS, MPEG, DVD-Oudio, SACD, Dolby Digital Plus, TrueHD en dts-HD; 32-kanaal-oudio @ 1536 kHz | BT.2020 wide color gamut | Tipe A, C (Mini-HDMI), D (Mikro-HDMI) | High Dynamic Range (HDR) |
|
<urn:uuid:76b27872-40c7-4485-8712-672d35146ba8>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/High-Definition_Multimedia_Interface
|
2019-07-21T21:23:35Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527204.71/warc/CC-MAIN-20190721205413-20190721231413-00442.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.814905
| false
|
Enschede
Enschede | |
---|---|
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Nederland |
Koördinate | |
Stigting | 1325 |
Provinsie | Overijssel |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 161,84 vk km |
Hoogte bo seevlak | 0 m m |
Bevolking: | |
- Totaal (2011) | 157 000 |
- Groot-Enschede | 361 000 |
- Twente | 650 000 |
- Bevolkingsdigtheid | 1 000/vk km |
Tydsone | UTC+1 |
- Somertyd | UTC+2 |
Burgemeester (party) | Onno van Veldhuizen (D66) |
Amptelike webwerf | www.enschede.nl |
Wikimedia Commons | Enschede |
Enschede (munisipaliteit en 'n stad in die provinsie Overijssel in Nederland. Hierdie stad is die grootste stad van Overijssel met meer as 160 000 inwoners (2011). Enschede is die elfde stad van Nederland. Dit is in Twente geleë en word in die noorde begrens deur die munisipaliteite Dinkelland, Oldenzaal en Losser, in die ooste deur Gronau in Duitsland, in die suide deur Haaksbergen, en in die weste deur Hengelo
) is 'nDie naam se betekenis is waarskynlik "An die Schede" (Aneschedhe, 1118) Oud-saksies: scheed ('skeiding' of 'grens'). Die naam verwys na ’n grens aan ’n moerasgebied.
Inhoud
GeskiedenisWysig
Enschede ontstaan in die vroeë middeleeue naby 'n klein kasteel. In 1325 kry Enschede stadsregte van die biskop van Utrecht. Tydens die Tagtigjarige Oorlog steun die Katolieke stad die Spanjaarde en veg dus teen die Nederlandse opstandelinge. Op 18 Oktober 1597 word die stad ingeneem deur die Nederlanders onder Prins Maurits van Oranje-Nassau. Die verdedigingswerke van die stad word gesloop en Enschede bly vir 200 jaar slegs 'n klein stad.
Nadat België in 1830 sy onafhanklikheid uitroep (waar die swaartepunt van Nederlandse industrie toe was), stimuleer die regering die industrie in Twente. In 1863 brand byna die hele stad af. Met die heropbou ontstaan ook moderne tekstielfabrieke en in die 19e eeu groei dit tot 'n belangrike stad in Nederland. Enschede vertoon steeds baie geboue uit hierdie eeu.
Tydens die Tweede Wêreldoorlog is die stad tweemaal gebombardeer. Deur ingryping van Joodse nyweraars is verpligte registrasie van Jode voorkom, waardeur meer as die helfte van die Joodse bevolking van Enschede die oorlog oorleef het. In die sestigerjare van die vorige eeu het baie industrieë verhuis na laerloonlande maar in 1961 word die Universiteit Twente gestig. Enschede verander van 'n nywerheidstad na 'n universiteitstad.
BesienswaardighedeWysig
- Die Grote Kerk
- Die stadhuis (ontwerp deur Gijsbert Friedhoff, gebou 1930-1933)
- Die Twentse teater (klein saal uit 1889; groot saal uit 1953)
- Die Elderinkshuis (gebou 1783)
- Die Ryksmuseum Twenthe
- Die Sinagoge (ontwerp deur Karel de Bazel; gebou 1927-1928)
- Die ambagskool
- Die Regbank (ontwerp deur W.C. Metzelaar, gebou in 1903; Jo Janssen, 2002)
- Die Grolsch Veste (sokkerstadion van FC Twente)
- Die kampus van die Universiteit Twente
- Die nuwe wyk Roombeek (baie moderne geboue; opgebou na die vuurwerkramp in 2000)
StadsdeleWysig
Die stad Enschede het vyf stadsdele:
- Stadsdeel Sentrum (o.a. Sentrum, Het Zeggelt, Lasonder, De Bothoven)
- Stadsdeel Noord (o.a. Twekkelerveld, Lonneker, Deppenbroek, Bolhaar, Mekkelholt, Roombeek)
- Stadsdeel Oos (o.a. Velve-Lindenhof, De Eschmarke, ’t Ribbelt, Stokhorst, Dolphia, ’t Hogeland, Glanerbrug)
- Stadsdeel Suid (Wesselerbrink, Helmerhoek, Stroinkslanden)
- Stadsdeel Wes (Boswinkel, Ruwenbos, Pathmos, Stadsveld, ’t Zwering, ’t Havengebied, De Marssteden, Boekelo, Usselo, Twekkelo)
InfrastruktuurWysig
Enschede beskik oor 'n lughawe, Enschede Lughawe Twente, wat nie tans gebruik word nie, maar binnekort weer oopgestel sal word. Die stad het ook vier treinstasies (met 'n spoor na Hengelo en die res van Nederland en 'n spoor na die Duitse stede Gronau, Münster en Dortmund). Die nasionale pad A35 loop deur die stad en sluit aan by die A1 en die Duitse nasionale paaie. Enschede het ook 'n hawe, wat aansluiting het via die Twentekanaal aan die IJsselrivier. In die stad en sy omgewing is 'n uitgebreide busnetwerk en daar is planne vir 'n tremstelsel.
OnderwysWysig
Enschede beskik sedert 1961 oor 'n universiteit: die Universiteit Twente. Die stad het ook 'n hogeschool: die Saxion Hogeschool (die Nederlandse 'hogeschool' is wel 'n tersiêre opleidingsentrum en kan nie vergelyk word met die Suid-Afrikaanse 'hoërskool' nie).
SportWysig
Die grootste sport in Enschede is sokker. Twee keer het 'n Enschedese klub die nasionale sokkertitel gewen: Sportclub Enschede in 1926 en FC Twente in 2010. Tans is FC Twente die enige professionele sokkerspan van die stad en een van die grootste klubs in Nederland. Vroeër het Enschede 'n baie belangrike rol as sokkerstad gespeel met suksesvolle klubs as Sportclub Enschede, Enschedese Boys, vv Rigtersbleek en PW. Atletiek is ook 'n groot sport in Enschede. Met die Enschede Marathon (die ouste marathon van Nederland en die op een na ouste van Europa) en die Batavierenrace (die grootste afloswedloop van die wêreld, van Nijmegen na Enschede) is die padwedlope swaar verteenwoordig. Beide wedlope het 'n groot internasionaal deelnemersveld. Ook atletiekklub AC Tion behoort tot die sterkste atletiekklubs van Nederland. Sedert die bou van IJsbaan Twente ('n 400 m skaatsbaan) in 2008 speel Enschede ook 'n rol in die Nederlands-gewilde sport langbaanskaats. Die Militry ('n dissipline in die ruitersport) vind jaarliks in Boekelo plaas.
TriviaWysig
- Die eerste sokkerspel buite die VK het in 1865 in Enschede plaasgevind tussen tekstielbaronne uit Manchester en plaaslike tekstielbaronne.
- Enschede was die eerste stad in Europa met internet.
- Die Suid-Afrikaanse sokkerspeler, bokser, musikant en politieke aktivis teen Apartheid, Darius Dhlomo (* Durban, 9 Augustus 1931), woon in Enschede en het vir meer as agt jaar vir die Partij van de Arbeid in die stadsraad van Enschede gedien.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Enschede. |
Munisipaliteite in Overijssel (25) | ||
---|---|---|
Almelo | Borne | Dalfsen | Deventer | Dinkelland | Enschede | Haaksbergen | Hardenberg | Hellendoorn | Hengelo | Hof van Twente | Kampen | Losser | Oldenzaal | Olst-Wijhe | Ommen | Raalte | Rijssen-Holten | Staphorst | Steenwijkerland | Tubbergen | Twenterand | Wierden | Zwartewaterland | Zwolle |
|
<urn:uuid:5bd1d077-d1d4-47dc-9f1c-4d40f784d17c>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Enschede
|
2019-07-23T05:28:07Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00042.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999284
| false
|
Verre Ooste
Die Verre Ooste is 'n Eurosentriese term wat dikwels gebruik word om Suid-Asië, Oos-Asië en Suidoos-Asië aan te dui. Soms word die mees oostelike geleë gedeelte van Rusland; die Russiese Verre Ooste (met as belangrikste hawe Wladiwostok) en die westelike Stille Oseaan ook hierby ingesluit.
Voor die koloniale era het die term "Verre Ooste" verwys na enigiets verder oos as die Midde-Ooste.[1] Die term is gedurende die tydperk van die Britse Ryk as 'n versamelnaam vir lande oos van Brits-Indië gewild gemaak.
VerwysingsWysig
- ( Robert Sewell (1901). A Forgotten Empire: Vijayanagar; A Contribution to the History of India. )
Eksterne skakelsWysig
Wikimedia Commons bevat media in verband met Verre Ooste. |
Gebiede van die Wêreld | |||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Sien ook Kontinente van die wêreld |
|
<urn:uuid:35b51c8b-0e6f-47f1-9e8f-3c104c0816eb>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Verre-Ooste
|
2019-07-23T05:47:26Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00042.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999735
| false
|
Boekbronne
Jump to navigation
Jump to search
Biblioteke
Suid-Afrika:
- Soek die boek in die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika se katalogus
- Soek die boek in die SEALS Konsortium se biblioteek
- Soek die boek in die Universiteit van Suid-Afrika se biblioteek
- Soek die boek in die Universiteit van die Witwatersrand se biblioteek
- Soek die boek in die Kaapse Hoër Onderwys Konsortium se biblioteek
Wêreldwyd:
- Soek die boek deur WorldCat in jou plaaslike biblioteek se katalogus
Boekwinkels
Suid-Afrika:
Ander lande:
|
<urn:uuid:a012eeea-6a77-44c5-9491-2e84fde4603f>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Boekbronne/978-0-19-504652-6
|
2019-07-23T05:18:36Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00042.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999935
| false
|
Foliensuur
Foliensuur se struktuur | |
---|---|
Chemie | |
Chemiese formule | C19H19N7O6 |
Molêre massa | 441,1396 g/mol |
Oplosbaarheid | 85 g/L |
CAS registernommer | 59-30-3 |
Foliensuur ook genaamd vitamien B9 of folaat is 'n wateroplosbare vitamien van die vitamien B-kompleks.
Vitamien B9 (foliensuur en folaat) is noodsaaklik vir verskeie funksies van die liggaam. Dit is onontbeerlik tydens vinnige selvorming, soos tydens swangerskap wanneer die embrio vinnig groei. Dit help ook in die vorming van rooibloedselle, sintese van DNS en herstel van RNS van volwassenes en kinders.
Bronne[wysig | wysig bron]
Die beste bron van folaat in voedsel is groen blaargroente, veral spinasie (die Latynse 'folium' beteken 'blaar'), maar spruitjies, broccoli, kool, aspersies, vrugte (veral sekere sitrusvrugte) en gis bevat ook folaat. Sommige soorte vleis bevat ook heelwat foliensuur, soos lewer en (in 'n mindere mate) niertjies.
Die natuurlike folate, soos dié wat in voedsel voorkom (byvoorbeeld 5-MTHF), is taamlik onstabiel. Dit is gevoelig vir lig, suurstof in die lug en die oesproses. Die verlies tydens die oes, verwerking en voedselvoorbereiding is ook hoog. Binne 'n paar dae tot 'n week na die oes van 'n plant is al die natuurlike folaat reeds geïnaktiveer.
|
<urn:uuid:c0a8d4ad-7a5a-4b77-be42-63cdbf4b2853>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Foliensuur
|
2019-07-16T23:04:24Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00386.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999954
| false
|
Kategorie:Mode
Jump to navigation
Jump to search
Wikimedia Commons bevat media in verband met Mode. |
Subkategorieë
Hierdie kategorie bevat die volgende 7 subkategorië, uit 'n totaal van 7.
|
<urn:uuid:306e7451-74e2-406b-a157-0af33833ea3e>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Mode
|
2019-07-16T23:01:26Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00386.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.938425
| false
|
Manneken Pis
Die Manneken Pis (soms ook Petit Julien genoem) is 'n bronsstandbeeld van sowat vyftig sentimeter hoog, wat in die hart van die Belgiese hoofstad Brussel staan. Manneken Pis is as 'n fontein ontwerp en beeld 'n klein seuntjie uit wat urineer, maar simboliseer tegelykertyd die onafhanklike gees van die Brusselaars. Die figuur is vandag saam met die Grand-Place of Groot Markplein van Brussel en die Atomium die bekendste simbole van die stad. Soortgelyke standbeeldjies kom ook in ander Vlaamse stede voor. Die Manneken Pis van Geraardsbergen, is 160 jaar ouer as die Brusselse een, maar nie naastenby so beroemd nie.
Toe die beeld op 26 Junie 1817 verdwyn het, verskyn die volgende gedig in 'n koerant om die stomgeslane Brusselaars te troos:
- Ey lieve meisjes! Staakt geschrei
- Al koomt gy door dees dievery
- een zoeten troost te missen;
- hij zal met nerstig onderzoek
- nog wel eens koomen uit den hoek
- om zonder schroom te pissen.
Die vertaling:
- Ey liewe meisies! Staak die geskreeu
- Al kom jy deur hierdie diefstal
- 'n soet troos te mis;
- hy sal met ernstige navorsing
- nog wel eens te voorskyn kom
- om sonder skroom te piss.
Gedurende die nag van 2 Oktober 1817 het 'n sekere Lycas, 'n dwangarbeider wat grasie verkry het, die beeld gesteel. Die volk was buitengewoon bekommerd. Oral is gesoek, en uiteindelik is die oorblyfsels van die beeldjie onder 'n hoop puin ontdek. Die stukke is weer aanmekaar gelas en gebruik om 'n gietvorm van te maak, waarmee die huidige brons beeldjie gegiet is en toe weer op sy oorspronklike fontein in die Stoofstraat terug geplaas is.
Daar is talle legendes rondom die ontstaan van die figuur. Een van hulle beweer dat dit 'n kind voorstel wat die lont van 'n bom, waarmee vyande die stad aan die brand wou steek, op sy eie manier geblus het. 'n Ander storie gaan oor 'n kind wat eers verdwyn het, maar later deur sy vader, 'n welgestelde Brusselse burger, in dieselfde houding gevind is as die Manneken Pis.
Dit is deesdae 'n tradisie om die Manneken Pis by besondere geleenthede met die kleredrag van 'n bepaalde beroep of die heilige van die dag aan te trek. Tans is daar honderde kostuums, waarvan die meeste in die Maison du Roi, 'n museum van die stad Brussel op die Grand-Place, bewaar word. Manneken Pis beskik onder meer ook oor 'n uniform, wat deur die voormalige staatshoof en partyleier van die Duitse Demokratiese Republiek, Erich Honecker, aan hom geskenk is.
Die waterstraal is vroeër jare tydens bepaalde feeste vervang deur minder deursigtige vloeistowwe soos heuningdrank en wyn. In 1890 is daar in Brussel twee dae lank fees gevier, waartydens die klein weldoener vir die laaste keer wyn en lambic, 'n Brusselse bier, aangebied het.
Eksterne skakel[wysig | wysig bron]
- ( ) ( ) ( ) ( ) Manneken Pis: Virtuele besoek
|
<urn:uuid:1e00029e-c21a-44f9-b83f-f724656a01c4>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Manneken_Pis
|
2019-07-16T22:46:17Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00386.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999936
| false
|
Maak hoofkeuseskerm oop
Soek
Wysigings
← Ouer wysiging
Nuwer wysiging →
Hart
(wysig)
Wysiging soos op 11:09, 8 Maart 2012
14 grepe bygevoeg
,
7 jaar gelede
k
r2.6.4) (robot Bygevoeg:
am:ልብ
{{Link FA|zh-yue}}
[[am:ልብ]]
[[an:Corazón]]
[[ang:Heorte]]
EmausBot
46 392
wysigings
Ontsluit van "
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/918234
"
|
<urn:uuid:fbbff254-1829-46d1-8d0c-98fb47d1af77>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/918234
|
2019-07-19T10:23:56Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00146.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.990761
| false
|
Suid-Amerika
Suid-Amerika is 'n kontinent in die Westelike Halfrond van die Aarde met meeste van sy gebied in die Suidelike Halfrond. Die kontinent lê tussen die Stille Oseaan (in die weste) en die Atlantiese Oseaan (in die ooste). Die Andesgebergtes loop langs die westekant van die kontinent af. Die gebied oos van die Andes is hoofsaaklik tropiese reënwoude met die Amasonerivier wat deur die noorde kant van Suid-Amerika vloei.
Lande in Suid-Amerika[wysig | wysig bron]
Naam van streek en gebied, met vlag | Oppervlak (km²) |
Bevolking (2009) |
Bevolkingsdigtheid (per km²) |
Hoofstad |
---|---|---|---|---|
Argentinië | 2 766 890 | 40 482 000 | 14 | Buenos Aires |
Bolivië | 1 098 580 | 9 863 000 | 8 | La Paz en Sucre |
Brasilië | 8 514 877 | 202 241 714 | 22 | Brasília |
Chili | 756 950 | 16 928 873 | 22 | Santiago de Chile |
Colombia | 1 141 748 | 46 920 000 | 40 | Bogotá |
Ecuador | 283 560 | 14 573 101 | 54 | Quito |
Falkland-eilande (Verenigde Koninkryk) | 12 173 | 3 140[1] | 0,26 | Stanley |
Frans-Guyana (Frankryk) | 91 000 | 221 500[2] | 3 | Cayenne |
Guyana | 214 999 | 772 298 | 4 | Georgetown |
Paraguay | 406 750 | 6 831 306 | 16 | Asunción |
Peru | 1 285 220 | 29 132 013 | 22 | Lima |
Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande (Verenigde Koninkryk) | 3 093 | 20 | 0 | Grytviken |
Suriname | 163 270 | 472 000 | 3 | Paramaribo |
Uruguay | 176 220 | 3 477 780 | 19 | Montevideo |
Venezuela | 916 445 | 31 648 930 | 30 | Caracas |
Suid-Amerika Totaal | 17 824 513 | 385 742 554 | 22 |
Sien ook[wysig | wysig bron]
Verwysings[wysig | wysig bron]
Eksterne skakels[wysig | wysig bron]
Kontinente van die wêreld | ||||||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Afrika-Eurasië |
Amerikas |
Eurasië |
Oseanië | |||||||||||||||||||||||||
Afrika |
Antarktika |
Asië |
Australië |
Europa |
Noord-Amerika |
Suid-Amerika | ||||||||||||||||||||||
Geologiese superkontinente : Gondwana · Laurasië · Pangaea · Rodinia | ||||||||||||||||||||||||||||
|
<urn:uuid:3b7957d1-b535-418e-a308-10d059748f8f>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Suid-Amerika
|
2019-07-16T22:41:49Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00410.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.992688
| false
|
Peggy Shaw
Jump to navigation
Jump to search
Peggy Shaw | |
Geboortenaam | Margaret A. Shaw |
---|---|
Geboorte | 27 Julie 1944 |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Beroep(e) | Aktrise |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Peggy Shaw (gebore 27 Julie 1944) is 'n Amerikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rol in die televisiereeks Our Time (1983).
Filmografie[wysig | wysig bron]
Televisiereekse[wysig | wysig bron]
- 1983: Our Time
|
<urn:uuid:84619ab1-b835-4dc0-82fc-971875c538b3>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Peggy_Shaw
|
2019-07-18T05:19:24Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525500.21/warc/CC-MAIN-20190718042531-20190718064531-00010.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.983365
| false
|
abba
Jump to navigation
Jump to search
Inhoud
Tydvorm | Persoon | Woordvorm |
---|---|---|
Teenwoordige Tyd | ek | abba |
Verlede Tyd | ek | het geabba |
- Die ww. kom van Hottentots/Khoi-taal.
- Die s.nw. kom van Hebreeus, אַבָּא (abba), "vader".
- ab•ba
- Op die rug dra.
- Sy het die kind tot by die kliniek geabba.
- Die Abbasasberge se naam is van die woord "abba" afgelei, want blykbaar lyk die berge asof hulle mekaar abba.
Enkelvoud | Meervoud |
---|---|
abba | abba's |
- Vader.
Vertalings: | |||
---|---|---|---|
|
<urn:uuid:f893e90a-c94a-49af-b164-5c04fd539137>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wiktionary.org/wiki/abba
|
2019-07-18T05:43:04Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525500.21/warc/CC-MAIN-20190718042531-20190718064531-00010.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999867
| false
|
Kategorie:Liedartikels sonder liedskrywers
Hierdie is 'n versteekte kategorie Dit kategoriseer bladsye vir administratiewe doeleindes. Dit vorm nie deel van die ensiklopedie nie. |
This category is for articles about songs where the article is missing the songwriters, because it has not been researched, noted in the relevant article, or available in a reliable source. If the songwriter is never likely to be known (e.g. for historical works), please use Category:Songwriter unknown.
Hierdie kategorie bevat geen bladsye of media nie.
|
<urn:uuid:03e95043-688d-4ced-a6c2-905c0c3a0986>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Liedartikels_sonder_liedskrywers?from=Lu
|
2019-07-19T10:32:59Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00170.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.909397
| false
|
Bhisho
Bhisho (Xhosa: "buffel", voorheen Bisho[2]) is 'n dorp in Suid-Afrika en die hoofstad van die Oos-Kaap. Bhisho lê aangrensend aan die dorp King William’s Town, naby die groot hawestad Oos-Londen, en val in die Buffalo City Metro. Die provinsiale wetgewer en byna alle staatsdepartemente se provinsiale hoofkantore is in die dorp gevestig. Die plaaslike Bhisho-lughawe bedien die dorp en King William’s Town. Bhisho is aan die N2-nasionale pad geleë.
Bhisho | |
Gedenkteken vir die Bhisho-slagting | |
Bhisho se ligging in Oos-Kaap
Koördinate: Koördinate: | |
Land | Suid-Afrika |
---|---|
Provinsie | Oos-Kaap |
Munisipaliteit | Buffalo City |
Oppervlak[1] | |
- Dorp | 8,08 km² (3,1 vk m) |
Hoogte | 435 m (1 427 vt) |
Bevolking (2011)[1] | |
- Dorp | 11 192 |
- Digtheid | 1 385/km² (3 587,1/myl2) |
Rasverdeling (2011)[1] | |
• Blank | 0.2% |
• Indiër/Asiër | 0.2% |
• Kleurling | 1.0% |
• Swart | 98.4% |
• Ander | 0.2% |
Taal (2011)[1] | |
• Xhosa | 91.9% |
• Engels | 4.0% |
• Ander | 4.1% |
Poskode (strate) | 6506 |
Poskode (posbusse) | 6506 |
Skakelkode(s) | 040 |
Inhoud
GeskiedenisWysig
Onder sy vorige naam van Bisho, was dit die hoofstad van die voormalige tuisland Ciskei vanaf 1981 tot 1994. Die Ciskei het onafhanklikheid verkry op 4 Desember 1981, hoewel dit nooit buite Suid-Afrika erken was nie, en is op 12 Augustus 1994 weer by Suid-Afrika ingelyf. Gedurende sy tyd as 'n tuislandhoofstad, het Bisho 'n susterstad ooreenkoms onderteken met die vestiging van Ariel in die Israelies-besette Wesbank.[3]
Bisho-slagtingWysig
Op 7 September 1992 was hierdie klein dorpie die toneel van die Bisho-slagting, toe sowat 90 000 betogers opgeruk het na die Bisho-stadion. Hulle was ter ondersteuning van die aftakeling van die Ciskei, wat nog steeds 'n mate van onafhanklikheid probeer handhaaf het, asook die verwydering van die Ciskeise leier, brigadier Oupa Gqozo, uit sy pos. Die Ciskei-weermag het op die heuwels rondom die stadion op die skare losgebrand en 28 mense doodgeskiet en nóg 100 gewond. Die bloedbad het op 'n kritieke tyd plaasgevind, toe onderhandelings om 'n nuwe demokrasie in Suid-Afrika reeds ver gevorderd was.
Ná dié slagting is samesprekings tussen die African National Congress, die Nasionale Party-regering en ander partye oor ’n nuwe staatkundige bedeling vir Suid-Afrika, wat ná die Boipatong-slagting in Junie van dieselfde jaar opgeskort is, met hernude ywer hervat.[4]
Sien ookWysig
VerwysingsWysig
- "Hoofplek Bhisho". Sensus 2011.
- Old Place Names. Departement van Kuns en Kultuur, Suid-Afrika. Argiveer van die oorspronklike op 6 Februarie 2010, URL besoek op 22 Februarie 2016.
- Sasha Polakow-Suransky, The Unspoken Alliance: Israel's Secret Relationship with Apartheid South Africa, (New York: Pantheon Books), 2010, bl. 157.
- HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
|
<urn:uuid:6f0e5591-57fb-4180-844e-557b376c69c9>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Bhisho
|
2019-07-20T15:36:56Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526536.46/warc/CC-MAIN-20190720153215-20190720175215-00330.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999797
| false
|
Putrajaya
Vlag | Wapen |
---|---|
Kaart | |
Land | Maleisië |
Deelstaat | Wilayah Persekutuan |
Koördinate | |
Gestig op | 19 Oktober 1995 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 49 vk km |
Hoogte bo seevlak | 10 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2010) | 67 964[1] |
- Bevolkingsdigtheid | 1 387/vk km |
Tydsone | UTC +8 (MST) |
Burgemeester | Samsudin Osman |
Amptelike Webwerf | ppj.gov.my |
Putrajaya (Maleis: Wilayah Persekutuan Putrajaya, Jawi: ڤوتراجاي) is sedert 19 Oktober 1995 die regeringsetel van Maleisië en lê suidelik van die hoofstad Kuala Lumpur in die Federale Distrik (Maleis: Wilayah Persekutuan Putrajaya). Die stad het 'n bevolking van 67 964 in 2010 gehad en het 'n oppervlakte van 49 km².
|
<urn:uuid:639f41ee-948a-42c8-9a77-96649441224b>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Putrajaya
|
2019-07-20T16:09:30Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526536.46/warc/CC-MAIN-20190720153215-20190720175215-00330.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.981795
| false
|
Senuoordraer
Senuoordraers (ook neurotransmitters of chemiese boodskappers genoem) is chemiese stowwe wat die oordrag van seine in die senuweestelsel moontlik maak. Hulle dra seine oor ’n chemiese sinaps oor, van een neuron (senusel) na ’n ander teikenneuron, ’n spiersel of ’n kliersel.[1]
Senuoordraer |
---|
Senuoordraers word van sinaptiese blasies in sinapse vrygestel in die sinaptiese spleet, waar hulle deur reseptore in die teikenselle ontvang word. Baie senuoordraers word gesintetiseer van eenvoudige en algemene voorlopers soos aminosure, wat geredelik beskikbaar is uit die dieet en net ’n klein getal biosintetiese stappe benodig vir omvorming. Senuoordraers speel ’n groot rol in die alledaagse lewe en bedrywighede. Dit is nie bekend presies hoeveel daar is nie, maar meer as 100 chemiese boodskappers is al geïdentifiseer.[2]
WerkingWysig
Senuoordraers word in sinaptiese blasies geberg wat onder ’n selmembraan in die aksonterminaal aan die presinaptiese kant van die sinaps geleë is. Hulle word in die sinaptiese spleet vrygestel en versprei, en bind dan aan spesifieke reseptore in ’n membraan aan die postsinaptiese kant van die sinaps.[3]
Die meeste senuoordraers is omtrent so groot soos ’n enkele aminosuur; sommige kan egter so groot wees soos groter proteïene of peptiede. ’n Vrygestelde senuoordraer is gewoonlik vir ’n kort tyd in die sinaptiese spleet beskikbaar voordat dit deur ensieme gemetaboliseer word, die presinaptiese neuron teruggetrek word of aan ’n postsinaptiese reseptor bind. Korttermynblootstelling is egter voldoende vir ’n seinoordrag.
VerwysingsWysig
- Lodish, H.; Berk, A.; Zipursky, S.L. (2000). Molecular Cell Biology: Section 21.4Neurotransmitters, Synapses, and Impulse Transmission (4th uitg.). New York: W. H. Freeman.
- Cherry, Kendra. "What is a Neurotransmitter?". Besoek op 6 Oktober 2014.
- Elias, L. J, & Saucier, D. M. (2005). Neuropsychology: Clinical and Experimental Foundations. Boston: Pearson
Eksterne skakelsWysig
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
|
<urn:uuid:638cff8d-9b00-438a-8b76-2684787c2dc3>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Senuoordraer
|
2019-07-20T15:47:26Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526536.46/warc/CC-MAIN-20190720153215-20190720175215-00330.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999959
| false
|
[[Lêer:Lidmaatskap WEG Louw.jpg|thumb|regs|240px|Dié herinnering aan sy aanneming as lidmaat van die [[NG gemeente Jeppestown]] is op 11 April 1943 aan W.E.G. Louw uitgereik.]]
'''William Ewart Gladstone Louw''' ([[1913]] – [[1980]]) was 'n [[Afrikaans]]e skrywer en digter. Al sy boeke is as '''W.E.G. Louw''' gepubliseer. Hy was die jonger broer van die digter [[N.P. van Wyk Louw]]. Albei het hul skoolloopbaan aan [[SACS]] voltooi, toe nog in die Kaapse middestad. In 1935 wen hy die [[Hertzogprys]] vir ''Die ryke dwaas'' (saam met [[C. Louis Leipoldt]] en [[Totius]]). Die versameling poësie kan moontlik as die begin van die [[Dertigers]]-beweging in die Afrikaanse literatuur gesienbeskou word.<ref>Lindenberg, E., et al. "Inleiding tot die Afrikaanse Letterkunde". Pretoria en Kaapstad: Vyfde uitgawe, 1980.</ref>
|
<urn:uuid:e6a7263f-8476-4a62-ab91-a3f8c6b46dc2>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/1475406
|
2019-07-20T16:22:33Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526536.46/warc/CC-MAIN-20190720153215-20190720175215-00330.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999887
| false
|
27 September
datum
<< | September 2018 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | ||||||
2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 |
9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 |
16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 |
23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 |
30 | ||||||
Al die dae |
Inhoud
GebeureWysig
- 1540 – Pous Paulus III publiseer die bul Regimini militantis ecclesiae waarin die orde van die Jesuïte gestig word.
- 1666 – Zacharias Wagenaer word deur Cornelis van Quaelbergen opgevolg as kommandeur van die Kaap van Goeie Hoop.
- 1819 – Pous Pius VII stel Carlos da Cunha e Menezes, patriarg van Lissabon, Portugal en Cesare Guerrieri Gonzaga, tesourier generaal van die Apostoliese Kamer aan as kardinale.
- 1821 – Meksiko bereik sy onafhanklikheid van Spanje, waarmee die Meksikaanse Onafhanklikheidsoorlog eindig.
- 1824 – Pous Leo XII stel drie nuwe kardinale aan, waaronder Karl Kajetan Gaisruck, aartsbiskop van Milaan.
- 1825 – Locomotion No. 1 trek die eerste trein op die openingsdag van die Stockton and Darlington Railway, die eerste spoorweg om stoomlokomotiewe te gebruik en passasier te vervoer.
- 1905 – Albert Einstein publiseer 'n artikel oor massa-energie-ekwivalensie, wat E=mc² demonstreer.
- 1939 – Tweede Wêreldoorlog: Pole gee oor aan Nazi-Duitsland en die Sowjetunie.
- 1983 – Richard Stallman kondig die GNU-projek aan om 'n vry Unix-agtige bedryfstelsel te ontwikkel.
- 1988 – Onder leiding van Aung San Suu Kyi, word die National League for Democracy in Birma gestig.
- 1992 – In reaksie op die aankondiging van 'n ooreenkoms tussen President FW de Klerk en Nelson Mandela, kondig Mangosuthu Buthelezi, leier van die Inkatha Vryheidsparty (IVP) aan dat sy party die grondwetlike samesperkings in Suid-Afrika sou boikot.
- 1996 – Die Taliban verdryf President Burhanuddin Rabbani van Afghanistan uit Kabul, stel voormalige President Mohammad Najibullah tereg, en vestig die Islamietiese Emiraat van Afghanistan.
|
<urn:uuid:8fa53eca-1f7a-4a3e-b699-8f82c1710ae6>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/27_September
|
2019-07-21T21:21:42Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527204.71/warc/CC-MAIN-20190721205413-20190721231413-00490.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.998647
| false
|
Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) is die amptelike krygsmag van Suid-Afrika. Dit het in 1994 tot stand gekom as opvolger van die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW). Dit sluit personeel en toerusting van die SAW en voormalige tuislande in, asook personeel van voormalige guerrilla-magte van sekere politieke partye soos die ANC se Umkhonto we Sizwe, die PAC se APLA en die beskermingseenhede van die IFP.
Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag | |
---|---|
Gestig | 1994 |
Land | Suid-Afrika |
Organisasie | |
Tipe | Weermag |
Hoofkwartier | Pretoria, Gauteng, Suid-Afrika |
Aantal lede |
Inhoud
HerbewapeningWysig
In 1999 het die ANC-regering $4,8 miljard (ongeveer R30 miljard rand) aan die aankoop van nuwe wapentuig spandeer. Verskeie aantygings van korrupsie tydens die aankope is daarna geopper.[2][3] Die aankope behels die verkryging van korvette, duikbote, ligte helikopters, veg-simulators en gevorderde ligte vegvliegtuie.
PersoneelWysig
Teen 30 April 2011 was die rassesamestelling as volg:
Volgens geslag sien die SANW as volg daar uit: 56 663 mans (73.4%) 20 505 dames (26.6%)
Die teiken vir vroulike rekrute is in 2010 tot 40% verhoog.[4]
VerwysingsWysig
- ( ) "Suid-Afrika" (in Engels). DefenceWeb. Besoek op 7 September 2014.
- Buthelezi, Mangosuthu (22 November 2007). "Mangosuthu Buthelezi's Weekly Newsletter to the Nation". Ifp.org.za (in Engels). Inkatha-Vryheidsparty. Besoek op 13 November 2008.
- "Bright hopes betrayed" (in Engels). Mail & Guardian.
- http://www.pmg.org.za/report/20110623-transformation-gender-equity-and-empowerment-south-african-defence-fo
|
<urn:uuid:d20452a7-2533-41e5-80dc-c203c33aabe3>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Suid-Afrikaanse_Nasionale_Weermag
|
2019-07-21T20:59:49Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527204.71/warc/CC-MAIN-20190721205413-20190721231413-00490.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.998257
| false
|
29 September 2013 Koninkrykstyd
Prediker: Dr Tiana Bosman
Agtergrond
‘n Honderd jaar terug is die noordelike ryk, die volk in Israel, in ballingskap weggevoer. Op die oomblik is die suidelike ryk, Juda (met Jerusalem as hoofstad) ook in die moeilikheid. Nebukadnesar is die koning van Babilonië en sy weermag het reeds Jerusalem beleër. ‘n Klomp mense onder die Joodse volk wat in Juda gewoon het, is in ballingskap weggevoer. Daar het egter nog ‘n klomp agtergebly ook, waaronder Jeremia. Alhoewel Nebukadnesar in beheer was van Juda het hy vir Sedekia, ‘n Jood, as vasal koning aangestel om, onderhewig aan Babilonië se voorskrifte, in Juda te regeer.
Jeremia was in aanhouding in Jerusalem gewees, want koning Sedekia het hom van dislojaliteit verdink. Aanvanklik was hy in die tronk, maar nadat hy ge-appelleer het, het Sedekia hom na die binneplein van die paleis laat skuif – ‘n tipe huisarres. Daar was verskeie redes waarom Jeremia van dislojaliteit beskuldig is. In ‘n stadium waartydens die Babiloniese weermag so bietjie skiet gegee het met hul beleëring van die stad het Jeremia van die geleentheid gebruik gemaak om te probeer teruggaan na sy tuisdorp Anatot (so paar km vanaf Jerusalem) om sy erfgrond in ontvangs te neem. Sedekia het hom egter met hierdie daad van oorlopery verdink, omdat die Babiloniese weermag juis hulle kamp in Anatot opgeslaan het. Naas sy beskuldiging van oorlopery kon Sedekia ook nie verstaan waarom Jeremia heeltyd oordeelsboodskappe oor Jerusalem en oor homself, die vasal koning, profeteer nie. Die stad is nou wel beleër, het hy gereken, maar eintlik is die volk nie so sleg daaraan toe nie. Hulle het darem nog hulle “eie” koning en hulle kan darem nog in redelike vryheid en vrede voortgaan met hul lewens soos voorheen, elkeen op hul eie stukkie grond.
Teen hierdie agtergrond lees ons dan van ‘n baie vreemde transaksie in Jeremia 32:
Teks
32:1 Die Here het met Jeremia gepraat in die 10e regeringsjaar van koning Sedekia van Juda.
Dit was die 18e regeringsjaar van koning Nebukadnesar 2van Babel. Nebukadnesar se leër het op hierdie tydstip die stad Jerusalem beleër.
Die profeet Jeremia was ‘n gevangene in die binneplaas van die paleiswag van Juda (omdat hy van dislojaliteit verdink is).
3 Koning Sedekia van Juda het vir Jeremia daar gevange laat hou en hom aangespreek oor sy profesieë. Hy het vir Jeremia gevra:
“Waarom profeteer jy hierdie dinge? Jy hou aan om te sê dat die Here sê ‘Ek sal hierdie stad in die mag van die koning van Babel oorgee. Hy sal dit verower. 4 Koning Sedekia van Juda sal nie ontsnap uit die mag van die Babiloniërs nie. Hy sal beslis uitgelewer word aan die koning van Babel. Hy sal persoonlik verantwoording moet doen aan die koning van Babel en hy sal hom in die oë moet kyk. 5 Sedekia sal na Babel toe gevat word en daar sal hy bly totdat Ek klaar met hom afgereken het.’ Jy sê dit is wat die Here sê!”
(Ons moet nou in ag neem dat Sedekia wel besig was met ‘n onderduimse gekonkel wat sou lei tot die finale val van Jerusalem. Sedekia was in die geheim besig om met Egipte alliansies te smee. Hy het versoek dat Egipte Jerusalem moes binneval en die Jode moes bevry van die Babiloniese beleëring. Die weermag van Egipte het toe Jerusalem ingeval, maar die Babiloniërs het teruggeveg. Egipte het onttrek en Babilonië het geen rede meer gehad om genadig met Juda en sy mense om te gaan nie. Die stad is verslaan en Sedekia is gevange geneem en weggevoer na Babilon waar hy aan Nebukadnesar moes gaan verantwoording doen. En dan is hy nogals verontwaardig oor Jeremia se voorspellinge…)
6. Jeremia het vir Sedekia geantwoord …
Die uitgebreide familie se grond was gewoonlik langs of naby mekaar, so Ganamel se erfgrond was ook in Anatot, nes Jeremia s’n.
8. lossingsreg: Die gebruik was dat familiegrond ten alle koste binne ‘n familie moes bly. Dus, wanneer iemand, soos Ganamel hier, in ‘n finansiële verknorsing beland en die kans gestaan het om sy eiendom te verloor, dan was die naaste manlike familielid vriendelik verplig om die grond by sy broer of neef of oom oor te koop, sodat die grond darem binne die familie kon bly en nie deur eiendomsmagnate opgekoop sou word nie. Alles het nie gestaan of val by die verpligting nie, ‘n familielid sou kon weier om sy verantwoordelikheid na te kom (soos in die verhaal van Rut en Boas), maar dit sou skande bring oor die familie en verhoudinge sou versuur.
12. vir my sekretaris Baruk …
16-25: Nadat Jeremia die Here se opdrag uitgevoer het (en hy weet die opdrag maak eintlik nie sin binne die benarde situasie van die land nie), bid hy daaroor. Hy dra dit alles aan die Here op.
26… Die Here antwoord: “… 37-38 Ek sal my volk terugbring hierheen en hulle sal hier in veiligheid woon. Hulle sal my volk wees en Ek sal hulle God wees … 41 Ek sal juig oor hulle, Ek sal goed doen aan hulle, in my trou sal Ek hulle plant in hierdie land, met my hele hart en met my hele siel… 44 Ek sal hulle lot verander.” Dit is wat die Here sê!
Boodskap
Jeremia 32 vorm deel van ‘n groter geheel, 30-33, wat onder bybelkenners bekendstaan as die “klein troosboek” in Jeremia. Vanuit die afgelope 3 weke se tekste weet ons dat Jeremia ‘n doemsprofeet was, teen sy sin geroep om die oordeel van die Here oor sy volk aan te kondig. Vanweë die donker inhoud van sy boodskappe het Jeremia se volksgenote niks van hom gehou nie. Hy het hulle namens God aangekla omdat hulle vir God verwerp het en die ander nasies se afgode begin dien het. In Jer 32:33 treur God aangrypend: “Hulle het hulle rug na My toe gedraai en nie hulle gesigte nie.” Die volk het vir Jeremia gespot, verwerp en van valse profesieë beskuldig. Aan die einde van die boek was die profeet nog steeds nie klaar gekla oor die volk se verharde harte nie en het hy ook Klaagliedere gedikteer sodat sy sekretaris Baruk dit ook kon neerskryf.
Midde hierdie oordeelsboodskappe en klagtes vind ons dan Jeremia 30-33 (ons sou die Here se brief aan die ballinge in hfst 29 ook dalk hier kon byvoeg) – die klein troosboekie wat amper wegraak in die middel van ‘n see van oordele. Maar om dan te besef dat dit juis hierdie enkele hfste van hoop was wat vir Jeremia self staande gehou het midde al die donker oordele wat hy moes aankondig, en wat vir Jeremia nie net laat voortgaan het met profeteer nie, maar ook met daad by woord voeg, dan is dit net reg om nie vir Jeremia toe te maak voordat ons nie self ook na hierdie boodskap geluister het nie.
Die verhaal in Jeremia 32 begin somber – Jerusalem is deur die Babiloniërs beleër en Jeremia is in die tronk (huisarres). Die koning van Juda, koning Sedekia, vat vir Jeremia aan omdat hy dislojaal is teenoor die volk in sy optrede en in sy profesieë. Jeremia hou voet by stuk, hy is nie bereid om sy boodskap terug te trek net omdat Sedekia dit van hom vra nie. Hy weet immers dat hy God se boodskap verkondig en dat alles wat hy sê daarom wel waar sal word, al glo die mense rondom hom hom steeds nie. In plaas daarvan om vir koning Sedekia gelyk te gee, vertel Jeremia hom dan eerder van nog ‘n boodskap wat die Here vir hom gegee het. Onthou nou – die stad is beleër en Jeremia is in huisarres. Die Egiptenare het probeer help maar alles eintlik net vererger en Jerusalem is letterlik op die vooraand van haar finale nederlaag. Die Babiloniese weermag is orals, die wat nog van die volk oor is (mans, vrouens en kinders) word tans in hulle eie stad aangehou, dis nie meer veilig nie, huise word afgebrand, wingerde word vernietig, die ekonomie is teen die grond. Die land is besig om te sink.
In hierdie omstandighede sou mens kon dink dat die Here vir Jeremia sal kwytskeld van sy roeping: “Jeremia, genoeg is genoeg. Jy het werklik jou bes gedoen, maar die volk wil eenvoudig net nie hoor nie. Hulle het jou verwerp net soos wat hulle My verwerp het. Vergeet van hulle, hou op om my boodskap te verkondig, was jou hande in onskuld, en vlug, vlug! Ek sal jou help, Ek sal ‘n pad vir jou baan, Ek sal sorg dat jy veilig kom in ‘n land waar jy oor kan begin. Goeie en getroue profeet, Ek hef jou roeping op. Gaan in vrede en rus.”
Maar nee. “Jeremia, jou neef Ganamel gaan jou hier in die tronk kom besoek. Hy gaan vra dat jy sy erfgrond by hom moet oorkoop. Die land is verwoes, die ekononie is in duie, en sy skuldeisers se asems blaas in sy nek. Hy soek geld, hy het elke bietjie wat hy kan kry nodig om te kyk of hy nie vir hom en sy familie midde hierdie duistere situasie darem ‘n effense toekoms kan loskoop nie. Hy gaan jou aan jou lossingsreg herinner wanneer hy kom.”
En dit gebeur toe nes die Here vir Jeremia gesê het. Jeremia vertel vir Sedekia dat hy toe geweet het dat dit ‘n woord van die Here af is, en hy doen wat binne die reëls van die Joodse samelewing van hom verwag word. Hy koop Ganamel se grond. Hy kom die wettige aspekte van die transaksie tot op die letter na, kompleet met ‘n seël en getuies en ‘n afskrif van die oorspronklike dokument. Hy doen wat enige goeie Joodse man vir ‘n familielid sou doen. Of hoe?
Nee. Wat Jeremia hier doen is totaal onlogies. Natuurlik was daar so iets soos die lossingsreg en was dit wenslik dat die volksgenote erns sou maak met hierdie reg indien die verantwoordelikheid na jou kant toe val. Maar geen mens sou vir Jeremia kon kwalik neem indien hy nie die grond gekoop het nie. Nie eens Ganamel nie. Nie in hierdie omstandighede nie. Rondom Jeremia en Ganamel is alles besig om plat te val en nou kom vra Ganamel dat Jeremia sy stuk grond moet koop! Die grond wat langs Jeremia se plot lê in Anatot, die grond waarop die Babiloniese soldate intussen begin uitkamp het, die grond waarop Jeremia waarskynlik nooit eens ‘n boom sal kan plant nie, wat nog te sê van ‘n huis, die grond wat Jeremia nie eens met sy eie oë gaan sien nie, want ook hy is oppad om weggeneem te word uit Juda. Dit is nie net nie wys om Ganamel se grond te koop nie, dis om die waarheid te sê baie dwaas. Dit is soos om aandele te koop by die World Trade Centre net nadat die Twin Towers geval het. Of soos om te belê in ‘n plaas in Zimbabwe terwyl die proses van grondonteiening aan die gang is en boere en hul families vermoor word. Dit is soos om nou in Sirië of Nairobi, Kaïro te gaan vakansie hou. Jeremia, die een wat beter as enigiemand anders weet en glo dat die land besig is om tot ‘n finale val te kom, en dat die res van die inwoners in ballingskap weggevoer gaan word, hierdie man koop grond wat hy voor sy siel weet hy nooit sal bewoon of bewerk nie. Nee wat Jeremia, jy weet darem van beter as dit…
Maar kom ons gaan terug na hoekom Jeremia die grond gekoop het. Hoekom, teen alles in die samelewing, die ekonomie en die politiek wat teen sy besluit inskree, koop hy grond wanneer almal anders wil verkoop en wil oppak en probeer wegkom? Want die Here het met hom gepraat, die Here het so gesê. En Jeremia het gevra dat Baruk die kontrak en die afskrif daarvan in ‘n kleipot moet verseël sodat die dokumente lank kan hou. Want die Here die Almagtige, die God van Israel sê: “Daar sal weer huise en grond en wingerde in hierdie land gekoop word.” Die omstandighede sê wel alles gaan onder, maar die Hére sê daar sal ‘n nuwe begin wees.
Ook maar goed dat Jeremia aan die berging in die kleipot gedink het, want dit sou 70 jaar neem voordat hierdie kontrak enigiets werd was. Vir 70 jaar was die volk verlore voordat hulle weer van vooraf kon begin met bou en plant en lewe in hul eie land. Want die Here se belofte het nie ‘n streep deur die realiteit getrek nie. Die oordeel, die ballingskap het gekom om te bly, vir 70 jaar lank te bly. Baie Jode sou in die ballingskap sterf en nooit die nuwe begin met hulle eie oë sien nie (soos Moses wat nooit self die Beloofde Land ingegaan het nie)’ ander sou daar in ballingskap gebore word, in ‘n vreemde land. Die Here het nie die swaarkry weggevat nie. Nie eens vir sy getroue profeet Jeremia nie. Maar nog voordat die heel ergste jare van die ballingskap aangebreek het, het die Here reeds belowe dat Hy in die toekoms vir die volk ‘n nuwe begin sal gee. Hierdie belofte van Hom is so seker dat Hy vir Jeremia die opdrag gegee het om nou al solank ‘n stuk land te koop – nie sommer enige stuk land nie, maar die stuk waarop die vyand uitgekamp het. Jeremia se kooptransaksie moes in die publiek voltrek word, voor getuies, sodat dit vir die hele volk ‘n simbool, ‘n teken kon wees van God se belofte van ‘n nuwe begin.
Jeremia doen wat die Engelse spreekwoord sê: Put your money where your mouth is. Hy sê vir die volk: “Ons is besig om alles te verloor en die einde is nog lank nie hier nie, maar daar is inderDAAD lewe na Babilon. Ek is bereid om my geld daarop te sit. Ek is bereid om deur hierdie daad te wys hoe vas ek glo in God se toekoms vir sy mense. Al gaan ek waarskynlik nie meer hier wees om dit self te beleef nie. Ek belê daarom nie in die eerste plek in my eie persoonlike gemaklike toekoms nie, want my eie toekoms in hierdie wêreld is dalk nie so blink soos wat ek dit graag sou wou hê nie. Maar ek belê in God se toekoms.”
Waar sit ons ons geld, as ons nou maar hierdie baie konkrete voorbeeld van Jeremia kan gebruik? Werk ons heel eerste altyd ons begroting uit voordat ons kyk of daar iets vir die Here se opdragte oor is, kyk ons eerste na die opbrengste van die verskillende beleggings, maak seker dat ons self darem op ons oudag maksimale voordeel sal trek daaruit, dat daar altyd ‘n neseier sal wees sodat ons met die nodige gemoedsrus kan leef en nooit bekommerd hoef te wees oor ons toekoms nie (want sê nou maar ons geld raak op en die Here sorg nie soos wat Hy belowe het nie, wat dan?…).
Watter gesprekke is vir ons die heel belangrikste? Na wie luister ons die fynste? Na ons finansiële adviseur? Of na God? Wie van die twee weet die beste wat die beste is vir ons? Want die finansiële adviseur werk met wêreldse wysheid en onthou: wat God kan vra mag soos dwaasheid lyk! Vir die wêreld natuurlik. Vir mense wat nie weet dat God in beheer is nie, dat God ‘n groter plan het nie, dat God wel iewers nuut sal begin nie…
Word ons besluite gedryf deur selfsug (ons eie gemak) of deur die nood van die wêreld, Gód se wêreld?
Is ons bereid om in ander mense te belê, selfs al sal ons geen voordeel daaruit trek nie, selfs al lyk dit nie of hulle enige potensiaal toon nie, enige bydrae kan lewer nie? Selfs al sê almal rondom ons, ook die gelowiges!, dat ons besig is om ons geld te mors as ons daardie persoon of persone help? (Want hulle is net ‘n toekomstige las?)
Gebruik ons nou al die natuurlike bronne oo? Die suurstof en die vis in die see en die bome in die woude en die water vanuit die hemel? Want die verre toekoms gaan ons nie aan nie? Of dink ons daaraan dat daar nog geslagte na ons kan wees, mense wat die aarde nodig het om te leef, mense (kinders, kleinkinders, agterkleinkinders) wat nodig het dat ons, as gelowiges, sal belê in ‘n toekoms vir húlle. Omdat God hierdie wêreld ook vir húlle geskep het. Omdat God vir húlle ‘n nuwe begin gun.
Leef ons met genoeg hoop, genoeg geloof in God se beloftes, dat ons bereid is om ons geld en ons bronne te sit waar ons monde is?
Hoe leef ons? Hoe is ons? Is ons realiste wat die huidige onstabiele omstandighede heel pragmaties opweeg en daarvolgens baie goed-berekende besluite neem itv ons toekoms en die toekoms van ons kinders? Of is ons idealiste wat nie gedryf word deur ons eie drome nie, maar deur God se droom, God se toekomsvisie, gegrond op God se beloftes. Hy was bereid om sy lewe op die spel te plaas, om Homself as waarborg te gee, met sy eie bloed die koopkontrak te teken – so séker is Hy van die toekoms wat Hy in die oog het. So seker is God self van die nuwe beginne wat Hy beloof.
Só seker dat Hy ‘n reënboog in die hemel hang as belofte van ‘n nuwe begin na die storm.
Só seker as wat die somer na die winter kom.
Só seker as wat daar ‘n kruis op die Vrydag was maar ‘n leë graf op die Sondag.
Hoe seker is ons van sy beloftes?
Seker genoeg om ons eie gemak op sy te skuif twv sy planne?
En sien ander mense in ons dade raak dat ons hoop het vir Gód se toekoms?
Kopiereg: Hierdie werk deur Dr Tiana Bosman word gelisensieer onder ‘n “Creative Commons Attribution-NonCommercial-NoDerivs 2.5 South Africa License”.
|
<urn:uuid:9bacb8d9-310d-4447-a203-20864ebaca35>
|
CC-MAIN-2019-30
|
http://www.pinelandsngkerk.org/tag/jeremia/
|
2019-07-23T05:56:52Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00090.warc.gz
|
by-nc-nd
|
2.5
|
a_tag
| false
| false
|
{
"abbr": [
"by-nc-nd",
"by-nc-nd",
"by-nc-nd",
"by-nc-nd",
"by-nc-nd",
"by-nc-nd",
"by-nc-nd",
"by-nc-nd"
],
"in_footer": [
false,
false,
false,
false,
false,
false,
false,
false
],
"in_head": [
false,
false,
false,
false,
false,
false,
false,
false
],
"location": [
"a_tag",
"a_tag",
"a_tag",
"a_tag",
"a_tag",
"a_tag",
"a_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"2.5",
"2.5",
"2.5",
"2.5",
"2.5",
"2.5",
"2.5",
"2.5"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 1.000009
| false
|
Bosveld
Die Bosveld is 'n subtropiese bos- en struikveld ekostreek van Suider-Afrika. Dit sluit die meeste van die Limpopoprovinsie en 'n klein deel van die Noordwesprovinsie van Suid-Afrika in, asook die Sentraal- en Noord-Oostelike distrikte van Botswana, Matabeleland-Suid en 'n deel van die Matabeleland-Noord provinsies van Zimbabwe.[1]
Bosveld | ||||
Ekostreek | ||||
WWF-kode | AT0717 | |||
Bioom | Tropiese of subtropiese grasveld, savanne en struikveld | |||
Ekosone | Afrotropiese gebied | |||
Floraryk | Paleotropis | |||
Oppervlakte | 223 000 km² | |||
Beskerm | % | |||
Bosveldtoneel | ||||
Inhoud
GeografieWysig
Die hoogte van hierdie streek wissel van 750 tot 1 400 m en die jaarlikse reënval van 350 mm in die weste tot 600 mm in die noordooste. Daar is drie belangrike bergreekse in die streek: die Drakensberg-platorand wat deel van die oostelike grens van die Bosveld uitmaak en loop van Tzaneen in die noorde tot by Belfast in die suide; die Waterbergreeks wat strek vanaf Mokopane in die ooste tot by Thabazimbi in die weste; en die Soutpansberg net noord van Louis Trichardt. Laasgenoemde is die mees noordelike bergreeks in Suid-Afrika.
Flora en faunaWysig
Soos afgelei kan word uit die streek se naam, bestaan die Bosveld uit grasryke vlaktes besaai met digte trosse van bome en hoë struike. Die grasse wat hier voorkom, groei oor die algemeen hoog en welig, en verkleur vaal of bruin in die winter, wat die droë seisoen in die meeste van Suid-Afrika is. Die onverstoorde gedeeltes van hierdie habitat, soos baie van die Waterbergbiosfeer, bied skuilplek aan groot soogdierspesies soos witrenosters, swartrenosters, kameelperde, blouwildebeeste, koedoes, rooibokke en 'n verskeidenheid van ander wildspesies.
Die mopaniebosveld is amper rypvry omdat dit laer lê as die hoëveld wat aan die suidekant daarvan geleë is. Die dominante boomspesie is die mopanie. In die noorde rondom Bulawayo gaan dit oor in 'n boomsavanne met grasse soos Hyparrhenia filipendula en H. dissoluta en bome soos Terminalia sericea en Burkea africana. In die suidweste, die Springbokvlakte, tref mens die doringbosveld aan met talle Acacia-spesies soos Acacia tortilis, A. nilotica, A. nigrescens, A. gerrardii en A. karoo en polgrasse soos Ischaemum afrum en Sehima galpinii. Die Waterberggebied word deur Faurea saligna, Acacia caffra, en Peltophorum africanum gekenmerk.[2]
GeologieWysig
Die Bosveld is een van die mees mineraal-ryk streke van die wêreld. Dit is te danke aan die Bosveldstollingskompleks, 'n baie ryk pieringvormige geologiese formasie wat oor meer as 50 000 vierkante kilometer strek. Hierdie kompleks bevat die meeste van die wêreld se reserwes van minerale soos andalusiet, chroom, vloeispaat, platinum en vanadium. Die kompleks sluit ook die Merenskyrif in, wat die wêreld se grootste bron van platinum sowel as platinum-groep metale is.
BoerderyWysig
Meeste dele van die streek is geneig om baie droog te wees. Dus is die Bosveld grootliks bees- en wildplaas-wêreld, waar slegs 'n paar droogtebestande gewasse soos sorghum en gars geproduseer word, gewoonlik onder besproeiing.
|
<urn:uuid:89c9d5c4-8c0d-4d81-8166-8573f83861a9>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Bosveld
|
2019-07-23T05:52:09Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00090.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999909
| false
|
1385
jaar
1385 |
◄ | 13de eeu | ◄14de eeu► | 15de eeu | ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1385 |
Kalenders | |
Die besittings van die kroon van Aragón in 1385 | |
Die jaar 1385 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 85ste jaar van die 14de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
|
<urn:uuid:0b4095ab-eda5-4152-a195-5c98b63e6531>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/1385
|
2019-07-15T18:14:00Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195523840.34/warc/CC-MAIN-20190715175205-20190715201205-00274.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999981
| false
|
Kalkoentjie
Die Kalkoentjie (Burnupena pubescens) – ook bekend as Papier-burnapena is 'n ongewerwelde wulk wat aan die hele kus van Suid-Afrika voorkom. Kenmerkend: wanneer die diertjie dood is trek die papieragtige buitenste laag van die skulp af. Die laag is in werklikheid 'n giftige mosdiertjie of briosoïet wat op die wulk se skulp leef en dit teen roofdiere beskerm. Die skulp het vele riwwe met afwisselende bruin en wit strepe. Die wulk leef in die benedegetysone en vreet beseerde of dooie diere wat hulle opspoor deur die reuk in die waterstrome te volg.
Kalkoentjie | ||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Burnupena pubescens | ||||||||||||||||
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||||||||
Binomiale naam | ||||||||||||||||
Burnupena pubescens (Küster, 1858) | ||||||||||||||||
Sinonieme[1] | ||||||||||||||||
BronWysig
- Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0
VerwysingsWysig
- Burnupena pubescens (Küster, 1858), besoek op 20 Junie 2011.
|
<urn:uuid:2645446e-aee5-40e4-a818-9453430fb8aa>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Kalkoentjie
|
2019-07-15T18:40:47Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195523840.34/warc/CC-MAIN-20190715175205-20190715201205-00274.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.996066
| false
|
Protea-bank
Die Protea-bank is 'n onderwaterrif in die Indiese Oseaan sowat 8 km vanaf Shelly Beach. Die diepte van die rif wissel van 8 m tot 40 m. Die rif is 'n gewilde, maar gevaarlike, duikplek vir skubaduikers. Groot getalle Zambezi- en tierhaaie kan hier gesien word.[1][2]
Sien ook[wysig | wysig bron]
Verwysings[wysig | wysig bron]
- "Scuba diving, protea banks with African Dive Adventures". Proteabanks.co.za.
- "About African Odyssea". africanodyssea.co.za.
|
<urn:uuid:959a6a07-f8f1-4240-a949-95911f013b5b>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Protea-bank
|
2019-07-16T23:14:22Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00434.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999389
| false
|
Willemstad
Kaart | Koningin Emmabrug |
Wapen | |
Soewereiniteit | Koninkryk van die Nederlande |
Land | Curaçao |
Koördinate | |
Stigting | 1634 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | |
Hoogte bo seevlak | |
Bevolking: | |
- Totaal (2013) | 150 000 |
- Bevolkingsdigtheid | |
- Metropolitaanse gebied | |
Tydsone | UTC -04:00 |
Burgemeester |
Willemstad is die hoofstad en grootste stad van Curaçao, 'n outonome land van die Koninkryk van die Nederlande in die Karibiese See. Die stad het in 2013 'n bevolking van 150 000 gehad en is die belangrikste stad op Curaçao en is geleë aan die suidkus naby die oospunt van die eiland. In die plaaslike taal, Papiaments, word daar gereeld na Willemstad verwys as "punta".
Willemstad was gebou om die Amsterdam-fort kort na dit in 1635 gebou is en die stad was van toe af al die hoofstad van Curaçao. Die stad is genoem na die eerste koning Willem van Oranje-Nassau, die eerste erfgenaam van die Nederlandse Huis van Oranje. Die historiese stadsentrum en die hawe is in 1997 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.
|
<urn:uuid:580df0e8-e3db-4f06-8485-4b9f504d3ddf>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Willemstad
|
2019-07-16T22:41:03Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00434.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999808
| false
|
Hulp
Bladsye wat na "Digitale objek-identifiseerder" skakel
←
Digitale objek-identifiseerder
Jump to navigation
Jump to search
Skakels hierheen
Bladsy:
Naamruimte:
alle
(Hoof)
Bespreking
Gebruiker
Gebruikerbespreking
Wikipedia
Wikipediabespreking
Lêer
Lêerbespreking
MediaWiki
MediaWikibespreking
Sjabloon
Sjabloonbespreking
Hulp
Hulpbespreking
Kategorie
Kategoriebespreking
Portaal
Portaalbespreking
Module
Module talk
Gadget
Gadget talk
Gadget definition
Gadget definition talk
Omgekeerde seleksie
Filters
Versteek
insluitings |
Versteek
skakels |
Versteek
aansture
Die volgende bladsye skakel na
Digitale objek-identifiseerder
:
Wys (vorige 50 |
volgende 50
) (
20
50
100
250
500
).
Boeddhisme
(
← skakels
wysig
)
Christene
(
← skakels
wysig
)
George Dantzig
(
← skakels
wysig
)
Ierland
(
← skakels
wysig
)
Midde-Ooste
(
← skakels
wysig
)
Namibië
(
← skakels
wysig
)
Volksrepubliek China
(
← skakels
wysig
)
Taal
(
← skakels
wysig
)
Dier
(
← skakels
wysig
)
Leeu
(
← skakels
wysig
)
Luiperd
(
← skakels
wysig
)
Jagluiperd
(
← skakels
wysig
)
Titaan (maan)
(
← skakels
wysig
)
Aardbewing
(
← skakels
wysig
)
Switserland
(
← skakels
wysig
)
Maan
(
← skakels
wysig
)
Aarde
(
← skakels
wysig
)
Bontvisvanger
(
← skakels
wysig
)
Waterstof
(
← skakels
wysig
)
Antieke Egipte
(
← skakels
wysig
)
Astrofisika
(
← skakels
wysig
)
Kanada
(
← skakels
wysig
)
Britse Statebond
(
← skakels
wysig
)
Poësie
(
← skakels
wysig
)
Orania
(
← skakels
wysig
)
Jode
(
← skakels
wysig
)
Natrium
(
← skakels
wysig
)
Volkebond
(
← skakels
wysig
)
Moldowa
(
← skakels
wysig
)
Faroëreilande
(
← skakels
wysig
)
Hond
(
← skakels
wysig
)
Son
(
← skakels
wysig
)
Sjokolade
(
← skakels
wysig
)
Euro
(
← skakels
wysig
)
Nikolaas II van Rusland
(
← skakels
wysig
)
Oostenryk
(
← skakels
wysig
)
Madagaskar
(
← skakels
wysig
)
Kenia
(
← skakels
wysig
)
Burkina Faso
(
← skakels
wysig
)
Soedan
(
← skakels
wysig
)
Tanzanië
(
← skakels
wysig
)
Fobos (maan)
(
← skakels
wysig
)
Elektron
(
← skakels
wysig
)
Proton
(
← skakels
wysig
)
Natuurlike satelliet
(
← skakels
wysig
)
Mars
(
← skakels
wysig
)
Sonnestelsel
(
← skakels
wysig
)
Neutron
(
← skakels
wysig
)
Eritrea
(
← skakels
wysig
)
Eris (dwergplaneet)
(
← skakels
wysig
)
Wys (vorige 50 |
volgende 50
) (
20
50
100
250
500
).
Ontsluit van "
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Digitale_objek-identifiseerder
"
Navigasie-keuseskerm
Persoonlike gereedskap
Nie ingeteken nie
Bespreking
Bydraes
Skep gebruiker
Meld aan
Naamruimtes
Bladsy
Bespreking
Variante
Weergawes
Lees
Wysig
Wysig bron
Wys geskiedenis
Meer
Soek
Navigasie
Tuisblad
Gebruikersportaal
Geselshoekie
Onlangse wysigings
Lukrake bladsy
Hulp
Sandput
Skenkings
Gereedskap
Spesiale bladsye
Drukbare weergawe
Ander tale
Privaatheidsbeleid
Inligting oor Wikipedia
Vrywaring
Ontwikkelaars
Koekieverklaring
Selfoonweergawe
|
<urn:uuid:ce0ac560-aca0-480b-ae7d-70ef8bed5e47>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Digitale_objek-identifiseerder
|
2019-07-18T05:09:15Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525500.21/warc/CC-MAIN-20190718042531-20190718064531-00034.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999446
| false
|
Afrika Christen Demokratiese Party
Afrika Christen Demokratiese Party | |
ACDP | |
Leier | Eerw. Dr. Kenneth Meshoe |
---|---|
Gestig | 9 Desember 1993 |
Hoofkwartier | Eerste vloer, Statsgebou, 2 Fore Straat, Alberton, Gauteng |
Ideologie | Christen Demokraties Sosiale konserwatisme |
Internasionale affiliasie | Internasionale Christen Demokratiese Politieke familie |
Amptelike kleure | Rooi en blou |
Webblad | www |
Die Afrika Christen Demokratiese Party (ACDP) is 'n politieke party in Suid-Afrika en vorm deel van die Internasionale Christen Demokratiese Politieke familie. Die party is gestig op 9 Desember 1993 en verklaar dat hulle die "Bybelgelowige Christene" en "diegene wat hoë ag slaan op morele waardes" verteenwoordig.
Die 2000-handves opponeer die promovering van kondome en veilige seks as 'n medium om MIV te beveg. Die ACDP is van opinie dat die kondoombeleid vir HIV-bestryding geskrap moet word en dat daar meer fokus op weerhouding en getrouheid in die huwelik geplaas moet word. Daarom eenkomstig is die ACDP se platform soortgelyk aan dié van die ChristenUnie (Nederland) en die CHP (Nieu-Seeland).
Inhoud
ACDP-embleem[wysig | wysig bron]
Die embleem is ontwikkel deur van die ACDP se stigters en is daarop gerig om 'n politieke party te verteenwoordig wat Bybelse beginsels verteenwoordig.
Twee pyle van links en regs, verteenwoordig die trekkrag van Suid-Afrikaners van links en van regs rakende ras, politiek, ideologië, kerk-affiliasie, geloof, taal, stam en kultuur na die kruis van Jesus Christus as middelaar en die strewe na eenheid in God Drie-enig onder al die mense van Suid-Afrika. Die pyle na bo en onder illustreer die rigting op na God en af na ons medemense in Suid-Afrika en ons gemeenskappe. Die rooi kant verteenwoordig die bloed van Jesus Christus wat ACDP, ACDP-lede en die mense van Suid-Afrika omring en beskerm.[1]
Die ACDP in die eerste dekade[wysig | wysig bron]
Die behoefte vir 'n toerekeningsvatbare alternatief vir die verdeelde politiek van die verlede, het Christene van diverse agtergrond genoodsaak om 'n politieke party op 9 Desember 1993 te stig. So het die Afrika Christen Demokratiese Party tot stand gekom, presies 'n honderd dae voor die eerste volledig demokratiese verkiesing in 1994.
Met die konsep van 'n veelparty-demokrasie in die lug, het die ACDP nie net ondersteuning onder Bybelgelowige Christene nie, maar ook persone wat hoë ag slaan op morele waardes.
Die ACDP het die Bybelse platform vir die standaard tot rekonsiliasie, geregtigheid, medelye, verdraagsaamheid, vrede en die respek van lewe, die individu, die familie en die gemeenskap aangeneem. Die doel is om politieke debat na hierdie kwelpunte te rig en eensgesindheid onder mense te kweek rakende gemeenskaplike waardes, in stede van die fokus te plaas op ideologieë, historiese en rasseverskille.
Gedurende die eerste verkiesing in 1994, het die ACDP menige verras met die oorwinning van 2 setels in die Nasionale Parlement en 3 setels in die Provinsiale Wetgewers.
'n Jaar later het die ACDP deelgeneem aan die Verkiesing vir Plaaslike Regering in slegs 'n paar munisipaliteite. Die party het 3 setels verower. Die opvolgende 5 jaar het die ACDP gegroei met dié dat 4 raadslede oorgeloop het na die ACDP vanaf ander politieke partye.
Voor die algemene verkiesing in 1999, het baie kritici geglo dat die ACDP een van sy 2 setels sal verloor in die Nasionale Vergadering. In teenstelling met die kritiek het die ACDP sy aantal setels verdriedubbel na 7 setels en het dus die 5de grootste party geword. Die ACDP het ook hul eerste setel in die Nasionale Raad van Provinsies verkry. In die provinsiale wetgewers het die ACDP nog 'n setel verower en het 4 setels in verskillende provinsiale wetgewers verkry.
Die ACDP het hul beste groei tot op hede in die 2000 Plaaslike Verkiesing beleef deur te groei vanaf 7 raadslede tot 70 raadslede nasionaal.
Afgesien van die 7 Parlementêre Setels wat die ACDP verower het tydens die 2004 algemene verkiesing het hul ook 8 setels in die Provinsiale Wetgewers ontvang.
Verkiesingsresultate[wysig | wysig bron]
Nasionale verkiesings[wysig | wysig bron]
Verkiesing | Stemme | % | Setels |
---|---|---|---|
2019[2] | 146 262 | 0,84 | 4 |
2014[3] | 104 039 | 0,57 | ▬ 3 |
2009 | 142 658 | 0,81 | 3 |
2004 | 250 272 | 1,60 | 7 |
1999 | 228 975 | 1,43 | 6 |
1994 | 88 104 | 0,45 | 2 |
Provinsioale verkiesings[wysig | wysig bron]
Verkiesing | Oos-Kaap | Vrystaat | Gauteng | KwaZulu-Natal | Limpopo | Mpumalanga | Noordwes | Noord-Kaap | Wes-Kaap | |||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
% | Setels | % | Setels | % | Setels | % | Setels | % | Setels | % | Setels | % | Setels | % | Setels | % | Setels | |
2014[3] | 0,33% | ▬ 0/63 | 0,51% | ▬ 0/30 | 0,62% | 0/73 | 0,44% | 0/80 | 0,48% | ▬ 0/49 | 0,40% | ▬ 0/30 | 0,53% | ▬ 0/33 | 0,57% | ▬ 0/30 | 1,02% | ▬ 1/42 |
2009 | 0,53% | ▬ 0/63 | 0,73% | ▬ 0/30 | 0,87% | ▬ 1/73 | 0,68% | 1/80 | 0,69% | 0/49 | 0,51% | ▬ 0/30 | 0,69% | ▬ 0/33 | 1,00% | 0/30 | 1,47% | 1/42 |
2004 | 0,78% | ▬ 0/63 | 1,30% | 1/30 | 1,64% | ▬ 1/73 | 1,78% | 2/80 | 1,26% | ▬ 1/49 | 1,09% | ▬ 0/30 | 1,07% | ▬ 0/33 | 1,88% | 1/30 | 3,44% | 2/42 |
1999 | 0,96% | ▬ 0/63 | 0,90% | ▬ 0/30 | 1,16% | ▬ 1/73 | 1,81% | ▬ 1/80 | 1,10% | 1/49 | 1,12% | ▬ 0/30 | 0,94% | ▬ 0/33 | 1,53% | ▬ 0/30 | 2,79% | ▬ 1/42 |
1994 | 0,51% | 0/56 | 0,45% | 0/30 | 0,61% | 1/86 | 0,67% | 1/81 | 0,38% | 0/40 | 0,48% | 0/30 | 0,35% | 0/30 | 0,40% | 0/30 | 1,20% | 1/42 |
Munisipale verkiesings[wysig | wysig bron]
Verkiesing | Stemme | % |
---|---|---|
2016[4] | 150 965 | 0,39% |
2011 | 165 602 | 0,6% |
2006 | 74 918 | 1,1% |
2000 | 1,3% | |
1995–96 | 66 985 | 0,8% |
ACDP-slagspreuke:
- 1994 algemene Verkiesing: "Beskerm jou familie"
- 1995 plaaslike Regerings Verkiesing: "Beskerm jou familie se toekoms"
- 1999 algemene Verkiesing: "Bring orde tot die nasie"
- 2000 plaaslie Regerings Verkiesing: "Ware Hoop, Opregte deernis"
- 2004 algemene Verkiesing: "Ware Hoop"
Sien ook[wysig | wysig bron]
Verwysings[wysig | wysig bron]
- ( ) "ACDP | Our Logo". acdp.org.za. Besoek op 13 Oktober 2016.
- ( ) "This is how many MPs each party can send to Parliament". News24. Besoek op 11 Mei 2019.
- ( ) "2014 National and Provincial Elections Results – 2014 National and Provincial Election Results". elections.org.za. Besoek op 13 Oktober 2016.
- ( ) "Results Summary – All Ballots" (PDF). elections.org.za. Besoek op 13 Oktober 2016.
Bron[wysig | wysig bron]
- History of the ACDP - met toestemming vertaal (sien besprekingsblad)
|
<urn:uuid:b8ed25f6-1c8b-40f6-8baa-79f421ac3b58>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/ACDP
|
2019-07-19T10:32:45Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00194.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999801
| false
|
Kategorie:Kultuur in Kanada
Jump to navigation
Jump to search
Wikimedia Commons bevat media in verband met Kultuur in Kanada. |
Subkategorieë
Hierdie kategorie bevat die volgende 5 subkategorië, uit 'n totaal van 5.
|
<urn:uuid:9c3c4cde-dd8d-49d7-88e3-2f8f566c1e50>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Kultuur_in_Kanada
|
2019-07-19T10:35:42Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00194.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.942818
| false
|
Kategorie:Psigiatrie
Jump to navigation
Jump to search
Wikimedia Commons bevat media in verband met Psigiatrie. |
Subkategorieë
Hierdie kategorie bevat die volgende 2 subkategorië, uit 'n totaal van 2.
|
<urn:uuid:787a6507-3957-463b-a26f-550e366f3df4>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Psigiatrie
|
2019-07-19T10:42:51Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00194.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.902725
| false
|
Maurizio Pollini
Maurizio Pollini (gebore op 5 Januarie 1942) is 'n Italiaanse klassieke pianis. Hy is veral bekend vir sy opvoerings van Beethoven, Scubert, Chopin, Brahms, en Schoenberg se werke. Hy is ook 'n voorstander van moderne komponiste soos Pierre Boulez, Luigi Nono, Karlheinz Stockhausen, Giacomo Manzoni, Salvatore Sciarrino en Bruno Maderna.
Belangrike werke is al gekomponeer vir Pollini, van wat die mees bekendste Nono se ..... sofferte onde serene ..., Manzoni se Masse: omaggio a Edgard Varèse end Sciarrino se Vyfde Sonata is. Pollini het al beide opera en orkestrale musiek gedirigeer, en soms vanaf die klavier af gedirigeer in sekere concertos.
Lewe en Loopbaan[wysig | wysig bron]
Pollini was gebore Milan. Sy vader was die Italiaanse rasionalistiese argitek Gino Pollini, van wie dit gesê is dat hy die eerste persoon was om modernistiese argitektuur na Italië in die 1930's te bring.[1] Pollini het aanvanklik klavier saam met Carlo Lonati gestudeer, tot die ouderdom van 13 jaar, en daarna met Carlo Vidusso tot hy 18 jaar oud was.[2] Hy het 'n diploma van die Milan-konservatorium verkry en beide die Internasionale Ettore Pozzoli Klavierkompetisie in Seregno (Italië) in 1959 en die Internasionale Chopin Klavierkompetisie in Warskou in 1960 gewen.[3]
Arthur Rubinstein, wat aan die hoof van die beoordelaarspaneel gesit het, het Pollini as die wenner van die kompetisie verklaar en na bewering gesê: "daardie seun kan die klavier beter as enige van ons speel".[4]
Kort daarna het hy Chopin se Concerto No. 1 in E mineur vir EMI opgeneem saam met die Filharmoniese Orkes onder die Poolse dirigent Paul Kletzki, en ook opvoerings van Chopin se etudes opgeneem.[5] Toe die Philharmonia Orkes Pollini 'n reeks konserte aangebied het, het hy ondervind wat die EMI produseerder Peter Andry genoem het "'n klaarblyklike krisis in selfvertroue".[6]
Hy het kort daarna saam met Arturo Benedetti Michelangeli gestudeer, van wie dit gesê word dat Pollini vanaf hom "'n presiese tegniek en emosionele terughoudendheid aangeleer het",[7] alhoewel sommige al kommer uitgespreek het dat Michelangeli se invloed daartoe gelei het dat Pollini se speelwerk "pretensieus en koud" geword het.[6] Gedurende die vroeë 1960's het Pollini sy konsertopvoerings begin beperk. Hy het verkies om eerder hierdie jare te spandeer deur op sy eie te studeer, en sy repertoire uit te brei.[8]
Sedert die 1960's het Pollini opvoerings gegee and opgetree saam met bekende en groot orkeste in Europa, die VSA en die Verre Ooste. Hy het sy Amerikaanse debuut in 1968 gemaak, en sy eerste toer van Japan in 1974 onderneem.
During the 1960s and 1970s was Pollini 'n linkse politieke aktivis. Hy het saam met Luigi Nono gewerk in werke soos Nono se Como una ola de fuerza y luz (1972), welke bedoel was om die sluipmoord op Luciano Cruz, 'n leier van die Chileense Revolusionêre Front, te betreur. Hy het saam met [Claudio Abbado]] by La Scala opgetree in 'n siklus van konserte vir studente en werkers, in 'n poging om 'n nuwe verhoor op te bou, aangesien Abbado en Pollini geglo het dat kuns vir almal moet wees.[9] Sommige van Pollini se opvoerings was oorskadu deur oproerighede in die verhoor, en een moes selfs beëindig word deur die ingryping of tussenkoms van die polisie, toe Pollini Viëtnam genoem het.
In 1985 by geleentheid van Johann Sebastian Bach se drie-honderdste herdenking, het hy die volledige eerste boek van Bach se Das Wohltemperierte Klavier gespeel. In 1987 het hy die volledige klavierkonserte van Ludwig van Beethoven in New York gespeel saam met die Weense Filharmoniese Orkes onder Claudio Abbado, en op dieselfde geleentheid die Orkes se Erering ontvang. In 1993-94 het hy die eerste volledige siklus van Beethoven se klaviersonatas in Berlyn en München gespeel en later ook in New York Stad, Milan, Parys, Londen en Wene.
Hy het tydens die Salzburg Fees in 1995 die eerste opvoering van die "Progetto Pollini", gegee - welke 'n reeks konserte was waarin nuwe en ou werke in jukstaposisie geplaas word. 'n Analoog reeks het plaasgevind by Carnegie Hall in Januarie 2000, met "Perspectives: Maurizio Pollini", en by Londen se Royal Festival Hall in November 2010 met die "Pollini Projek", 'n reeks van vyf konserte, met werke wat strek van Bach tot Stockhausen. In Maart 2012 was dit aangekondig dat Pollini al sy toekomstige optredes in die VSA vir mediese redes gekanselleer het.[10]
In 2014 speel Pollini op 'n toer wat die Salzburgfees ingesluit het[11] en het sy debuut gemaak by die Rheingau musiekfees en Chopin se Preludes, Opus 28 gespeel in die Kurhaus Wiesbaden, asook Boek 1 van Claude Debussy se Préludes.
Pollini is die vader van die pianis Daniele Pollini (gebore in 1978).[12]
Opnames[wysig | wysig bron]
Pollini se eerste opnames vir Deutsche Grammophon in 1971, het Igor Stravinski se Trois mouvements de Petrouchka and Sergei Prokofiëf se Sonata No. 7 ingesluit, wat steeds beskou word as 'n baken van twintigste eeuse klavieropnames. Sedertdien was hy een van Deutsche Grammophon se top pianiste. Sy opname van Frédéric Chopin se Études Opp. 10 en 25, (ook onder Deutsche Grammophon) het aan Pollini internasionale aansien besorg. In 2002 het Deutsche Grammophon 'n 13-CD herdenkingsuitgawe vrygestel om Pollini se 60ste verjaardag te herdenk, en 'n volledige uitgawe van 58 diskette van sy totale opnames vir die handelsmerk om sy 75ste verjaardag te herdenk. Sy Beethoven-klaviersonatas is voltooi in 2014, en is vrygestel in 'n 8-CD-houerstel.
Terwyl Pollini bekend is om sy eksepsionele tegniek, is hy al gekritiseer vir emosionele konserwatisme.[13] In sy onderhoude het Maurizio Pollini egter gesê dat hy: "op so akkurate wyse as moontlik probeer uitdrukking gee aan die komponis, regdeur sy loopbaan vir hom 'n belangrike oorweging was, en dat hy nie aandag aan sy eie emosies gee nie.".[14]
Toekennings en pryse[wysig | wysig bron]
In 1996 het Pollini die Ernst von Siemens-musiekprys gewen. In 2001 het sy opname van Beethoven se Diabelli Variasies die Diapason d'or gewen. In 2007 het Pollini die Grammy toekenning vir Beste Instrumentale Solis Opvoering (sonder orkes) gewen vir sy Deutsche Grammophon opname van Frédéric Chopin se nokturnes. Die Praemium Imperiale is in 2010 aan hom toegeken.[15] Hy is in die Gramophone tydskrif se "Hall of Fame" opgeneem in 2012.[16]
Verdere Leeswerk[wysig | wysig bron]
- Botsford, K (1 March 1987). "The Pollini Sound". The New York Times. Besoek op 2007-09-29.
- Norris, G (9 March 2006). "A maestro with a mission - to escape the 19th century". The Telegraph. Arts. London. Besoek op 2007-09-29.
- Morrison, R (27 September 2007). "The model of a modern major maestro". Music. London: The Times. Besoek op 2007-09-29.
Verwysings[wysig | wysig bron]
- Maurizio Pollini at 70: International Superstar of the Piano|url=http://www.abc.net.au/classic/content/2012/12/29/3662057.htm%7Cwork=Music Makers|publisher=ABC Classic FM|opsporingsdatum 29 January 2013
- Huang, Hao (1998). Music in the 20th century, Volume 2. Armonk NY: M E Sharpe Reference. p. 472. ISBN 978-0765680129.
- Dominguez, Frank, and Benjamin K. Roe. "Episode 62: Great Chopinists: Maurizio Pollini". World of Opera. WDAV Classical Public Radio. Besoek op 29 January 2013.
- Hewett, Ivan (14 September 2010). "Maurizio Pollini: ice-man of the ivories". The Daily Telegraph. London. Text "Opgespoor op 18 September 2010" ignored (help)
- Current Biography Yearbook, Volume 41. New York: H. W. Wilson. 1980. p. 321. ISBN 978-9997377036.
- Andry, Peter, Robin Stringer, and Tony Locantro (2008). Inside the Recording Studio: Working with Callas, Rostropovich, Domingo, and the Classical Elite. Lanham MD: Scarecrow Press. p. 44. ISBN 978-0810860261.
- Morin, Alexander J. (2001). Classical Music: Third Ear: The Essential Listening Companion. San Francisco: Backbeat Books. p. 1134. ISBN 978-0879306380.
- Schonberg, Harold C. (1987). The Great Pianists: From Mozart to the Present. New York: Simon & Schuster. p. 488. ISBN 978-0671638375.
- Wroe, Nicholas (1 January 2011). "Maurizio Pollini: a life in music". The Guardian. London. The Guardian. Besoek op 5 April 2012.
- "Chicago Symphony Orchestra Tickets & Events". Besoek op 5 April 2012.
- "Pollini, Maurizio". Deutsche Grammophon. Besoek op 9 Augustus 2014.
- Michener, Charles (3 April 2000). "The Panoramic Pianist". The New Yorker. p. 86. Besoek op 19 April 2017.
- Schonberg, Harold. The Great Pianists from Mozart to the Present (1987 edition)
- Sitasie word benodig. Desember 2018
- "Actress Loren among Japan art prize winners". Google News. Agence France-Presse. 14 September 2010. Besoek op 14 September 2010.
- "Maurizio Pollini (pianist)". Gramophone. Besoek op 12 April 2012.
|
<urn:uuid:7e4498f3-1764-42c8-ba7e-f9680209c24a>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Maurizio_Pollini
|
2019-07-19T10:37:30Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00194.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999031
| false
|
New Jersey
New Jersey (Engels: State of New Jersey) is 'n deelstaat in die Middel-Atlantiese gebied van die Verenigde State van Amerika. Die hoofstad is Trenton en die grootste stad is Newark. New Jersey het 'n bevolking van omtrent 8,8 miljoen en 'n oppervlakte van 22 608 vierkante kilometer.
Deelstaat New Jersey | |||||
Bynaam(e): Garden State | |||||
Amptelike taal(e) | Engels | ||||
Hoofstad | Trenton | ||||
Grootste stad | Newark | ||||
Area | 47ste in die V.S. | ||||
- Totaal | 22 608 km2 | ||||
- Wydte | 110 km | ||||
- Lengte | 240 km | ||||
- Water | 3 378 km2 | ||||
- % water | 14.9 % | ||||
- Breedtegraad | 38° 56′ N tot 41° 21′ N | ||||
- Lengtegraad | 73° 54′ W tot 75° 34′ W | ||||
Bevolking | 11de in die V.S. | ||||
- Totaal | 8 791 894 | ||||
- Digtheid | 388,88//km2 1de in die V.S. | ||||
Hoogte | |||||
- Hoogste punt | High Point 550 m | ||||
- Gemiddeld | 75.2 m | ||||
- Laagste punt | Atlantiese Oseaan seevlak | ||||
Toetrede tot die Unie | 18 Desember 1787 (3de) | ||||
Goewerneur | Phil Murphy (D) | ||||
Luitenant-Goewerneur | Sheila Oliver (D) | ||||
Wetgewer | New Jersey Wetgewer | ||||
- Hoërhuis | Senaat | ||||
- Laerhuis | Algemene Vergadering | ||||
V.S. Senatore | Cory Booker (D) Bob Menendez (D) | ||||
Tydsone | UTC -5 / Somertyd -4 | ||||
Afkortings | NJ US-NJ | ||||
Webblad | www.nj.gov |
Dit word in die noorde deur New York, in die suide deur Delaware, en in die weste deur Pennsilvanië begrens. Die Atlantiese Oseaan lê in die ooste. New Jersey is die derde deelstaat wat tot die Unie toegelaat is. Dit was een van die dertien kolonies wat teen die Britse kroon gerebeleer het.
Amerikaanse OnafhanklikheidsoorlogWysig
Baie belangrikste veldslae van die Amerikaanse Onafhanklikheidsoorlog het in New Jersey plaasgevind. Van hulle is:
New Jersey se bynaam is Garden State.
Verenigde State van Amerika | ||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
|
<urn:uuid:089a854d-92f6-40bb-8c70-f42a15aeca87>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/New_Jersey
|
2019-07-21T21:30:26Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527204.71/warc/CC-MAIN-20190721205413-20190721231413-00514.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.99669
| false
|
Hulp
Bladsye wat na "Kategorie:Koolstof" skakel
←
Kategorie:Koolstof
Jump to navigation
Jump to search
Skakels hierheen
Bladsy:
Naamruimte:
alle
(Hoof)
Bespreking
Gebruiker
Gebruikerbespreking
Wikipedia
Wikipediabespreking
Lêer
Lêerbespreking
MediaWiki
MediaWikibespreking
Sjabloon
Sjabloonbespreking
Hulp
Hulpbespreking
Kategorie
Kategoriebespreking
Portaal
Portaalbespreking
Module
Module talk
Gadget
Gadget talk
Gadget definition
Gadget definition talk
Omgekeerde seleksie
Filters
Versteek
insluitings |
Versteek
skakels |
Versteek
aansture
Die volgende bladsye skakel na
Kategorie:Koolstof
:
Wys (vorige 50 | volgende 50) (
20
50
100
250
500
).
Kategorie:Isotope van koolstof
(insluiting)
(
← skakels
wysig
)
Kategorie:Koolstof
(insluiting)
(
← skakels
wysig
)
Wys (vorige 50 | volgende 50) (
20
50
100
250
500
).
Ontsluit van "
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Kategorie:Koolstof
"
Navigasie-keuseskerm
Persoonlike gereedskap
Nie ingeteken nie
Bespreking
Bydraes
Skep gebruiker
Meld aan
Naamruimtes
Kategorie
Bespreking
Variante
Weergawes
Lees
Wysig
Wysig bron
Wys geskiedenis
Meer
Soek
Navigasie
Tuisblad
Gebruikersportaal
Geselshoekie
Onlangse wysigings
Lukrake bladsy
Hulp
Sandput
Skenkings
Gereedskap
Spesiale bladsye
Drukbare weergawe
Ander tale
Privaatheidsbeleid
Inligting oor Wikipedia
Vrywaring
Ontwikkelaars
Koekieverklaring
Selfoonweergawe
|
<urn:uuid:dced3fd0-de6a-4c75-90ab-19cde7bdfcc2>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Kategorie:Koolstof
|
2019-07-21T21:57:26Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527204.71/warc/CC-MAIN-20190721205413-20190721231413-00514.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.992488
| false
|
Nqamakwe
Nqamakwe is 'n klein dorpie in die voormalige Transkeistreek van die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Die dorpie is gesetel op 'n koppie van 990 m en is gestig as 'n administratiewe sentrum vir die gebied van die Fingo's.
Nqamakwe | |
Nqamakwe se ligging in Oos-Kaap
Koördinate: Koördinate: | |
Land | Suid-Afrika |
---|---|
Provinsie | Oos-Kaap |
Distrik | Amathole |
Munisipaliteit | Mnquma |
Oppervlak[1] | |
- Dorpie | 1,47 km² (0,6 vk m) |
Bevolking (2011)[1] | |
- Dorpie | 1 558 |
- Digtheid | 1 060/km² (2 745,4/myl2) |
Rasverdeling (2011)[1] | |
• Blank | 1.5% |
• Indiër/Asiër | 0.6% |
• Kleurling | 1.9% |
• Swart | 94.7% |
• Ander | 1.2% |
Taal (2011)[1] | |
• Xhosa | 94.4% |
• Engels | 1.1% |
• Ander | 4.5% |
Poskode (strate) | – |
Poskode (posbusse) | 4990 |
Skakelkode(s) | 047 |
DistrikWysig
Die distrik is 1 222 km2 groot en die belangrikste ekonomiese aktiwiteit is bees- en skaapboerdery. Die naaste dorpe is Tsomo en Butterworth. Die bekende Blythswood Opleidingsentrum naby die dorp is deur die Fingo's self ontwikkel en in 1877 ingewy. Dit is na kaptein M Blyth vernoem. Hy was in daardie stadium die Britse agent in Fingoland.
|
<urn:uuid:78f092f3-f91b-4b22-b06d-44c20467cbe6>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Nqamakwe
|
2019-07-15T18:43:09Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195523840.34/warc/CC-MAIN-20190715175205-20190715201205-00298.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.99704
| false
|
Eems
Ems | |
---|---|
Oorsprong | Kasteel Holte-Stukenbrock |
Monding | Dollart, Noordsee naby Eemden, Duitsland |
Stroomgebied | Noordryn-Wesfale en Nedersakse, Duitsland |
Lengte | 371 km (231 myl) |
Oorspronghoogte | 129 m (423 voet) |
Mondinghoogte | 0 m |
Gemiddelde afloop | 80 m³/s (2 825 ft³/s) |
Stroomgebiedopp. | 13 160 km² (5 081 myl²) |
Die rivier ontspring in die Senne naby die kasteel Holte-Stukenbrock in die landsdeel Wesfale, vloei aanvanklik deur die Westfälische Bucht - parallel met die Teutoburger Woud - in noordwestelike rigting en vanaf die landsgrens met Nedersakse, tussen Rheine en Salzbergen, in noordelike rigting tot by sy uitmonding in die Noordsee.
Vanaf die Dollart vorm die Eems-rivier die gedeeltelik omstrede grenslyn tussen Duitsland en die Nederlandse provinsie Groningen. Die Eems mond sowat 27 km rivieraf van Eemden tussen Pilsum en Eemshaven in die Noordsee uit.
|
<urn:uuid:c26ca9a9-5c52-4a91-aa0f-995f339bbdf3>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Eems
|
2019-07-16T22:54:46Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00458.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.996312
| false
|
Lêer:Timezones2011 UTC+13.png
Jump to navigation
Jump to search
Oorspronklike lêer (3 564 × 1 916 piksels, lêergrootte: 504 KG, MIME-tipe: image/png)
Lêergeskiedenis
Klik op die datum/tyd om te sien hoe die lêer destyds gelyk het.
Datum/Tyd | Duimnaelskets | Dimensies | Gebruiker | Opmerking | |
---|---|---|---|---|---|
huidig | 06:55, 6 Maart 2017 | 3 564 × 1 916 (504 KG) | ノコノコ2015 | UTC+2 | |
06:52, 6 Maart 2017 | 3 564 × 1 916 (504 KG) | ノコノコ2015 | Update | ||
12:40, 14 Oktober 2015 | 3 564 × 1 916 (337 KG) | RokerHRO | optipng -o7 -i0 -zc1-9 -zm1-9 -zs0-3 -f0-5 → 54.97% decrease | ||
01:43, 8 Augustus 2012 | 3 564 × 1 916 (748 KG) | Heitordp | Corrected Tokelau | ||
12:25, 1 Januarie 2012 | 3 564 × 1 916 (793 KG) | Yves LG | error file | ||
03:55, 1 Januarie 2012 | 3 564 × 1 916 (748 KG) | Yves LG | modif 30/12/11 | ||
18:45, 30 September 2011 | 3 583 × 1 917 (352 KG) | PlatonPskov |
Lêergebruik
Globale lêergebruik
Die volgende ander wiki's gebruik hierdie lêer:
- Gebruik in ar.wikipedia.org
- Gebruik in azb.wikipedia.org
- Gebruik in az.wikipedia.org
- Gebruik in be-tarask.wikipedia.org
- Gebruik in bg.wikipedia.org
- Gebruik in bn.wikipedia.org
- Gebruik in ca.wikipedia.org
- Gebruik in ceb.wikipedia.org
- Gebruik in da.wikipedia.org
- Gebruik in de.wikipedia.org
- Gebruik in el.wikipedia.org
- Gebruik in en.wikipedia.org
- Gebruik in fa.wikipedia.org
- Gebruik in fr.wikipedia.org
- Gebruik in hi.wikipedia.org
- Gebruik in hr.wikipedia.org
- Gebruik in hu.wikipedia.org
- Gebruik in ia.wikipedia.org
- Gebruik in id.wikipedia.org
- Gebruik in ilo.wikipedia.org
- Gebruik in it.wikipedia.org
- Gebruik in ja.wikipedia.org
- Gebruik in ka.wikipedia.org
- Gebruik in ko.wikipedia.org
- Gebruik in lt.wikipedia.org
- Gebruik in lv.wikipedia.org
- Gebruik in mk.wikipedia.org
- Gebruik in mr.wikipedia.org
- Gebruik in ms.wikipedia.org
- Gebruik in my.wikipedia.org
- Gebruik in nl.wikipedia.org
- Gebruik in no.wikipedia.org
- Gebruik in pl.wikipedia.org
- Gebruik in ro.wikipedia.org
- Gebruik in ru.wikipedia.org
- Gebruik in sh.wikipedia.org
- Gebruik in sr.wikipedia.org
- Gebruik in th.wikipedia.org
- Gebruik in tr.wikipedia.org
- Gebruik in tt.wikipedia.org
- Gebruik in ur.wikipedia.org
- Gebruik in www.wikidata.org
- Gebruik in xmf.wikipedia.org
|
<urn:uuid:f328575c-a1f3-439d-ae2d-2e93bc34ce61>
|
CC-MAIN-2019-30
|
2019-07-19T10:22:27Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00218.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.929385
| false
|
|
Leo IV die Kasaar
Leo IV | |
---|---|
Keiser van die Bisantynse Ryk | |
Bewind | 25 Maart 775 – 18 Junie 780 |
Ander name | Leo die Kasaar |
Dinastie | Siriese |
Gebore | 25 Januarie 750 |
Oorlede | 8 September 780 |
Voorganger | Konstantyn V |
Opvolger | Konstantyn VI |
Eggenote | Irene |
Kinders | Konstantyn VI |
Vader | Konstantyn V |
Moeder | Tzitzak ("Irene van Kasarië") |
Hy was die seun van keiser Konstantyn V en sy eerste vrou, Irene, dogter van die grootkhan Bihar van Kasarië. Leo is in 751 tot medekeiser verhef en in Desember 769 het hy met Irene getrou. Toe Konstantyn in 775 sterf, was Leo die alleenheerser.
Op 24 April 776 het Leo sy seun, Konstantyn VI, as medekeiser gekroon. Dit het gelei tot ’n opstand deur sy vyf halfbroers, wat die troon vir hulself wou hê. Die opstand is gou onderdruk en die samesweerders is geslaan en na die Krim verban.
Toe Leo op 8 September 780 dood is, het sy vrou, Irene, hom opgevolg. Sommige historici vermoed hy is vermoor, dalk deur Irene, terwyl ander dink hy was reeds siek toe hy keiser geword het. Konstantyn VI was sy enigste seun; hy het hom opgevolg en saam met sy ma regeer.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
|
<urn:uuid:f1a842b4-5b99-4efc-af7d-a8af7a57b6e0>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Leo_IV_die_Kasaar
|
2019-07-20T16:02:59Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526536.46/warc/CC-MAIN-20190720153215-20190720175215-00378.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 1.000006
| false
|
Boekbronne
Biblioteke
Suid-Afrika:
- Soek die boek in die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika se katalogus
- Soek die boek in die SEALS Konsortium se biblioteek
- Soek die boek in die Universiteit van Suid-Afrika se biblioteek
- Soek die boek in die Universiteit van die Witwatersrand se biblioteek
- Soek die boek in die Kaapse Hoër Onderwys Konsortium se biblioteek
Wêreldwyd:
- Soek die boek deur WorldCat in jou plaaslike biblioteek se katalogus
Boekwinkels
Suid-Afrika:
Ander lande:
|
<urn:uuid:8ec57066-dae6-47e7-b7b1-e2849957442a>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Boekbronne/0-313-30984-1
|
2019-07-20T16:21:36Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526536.46/warc/CC-MAIN-20190720153215-20190720175215-00378.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999966
| false
|
Tswanaland
Tswanaland was 'n vorige Bantoestan (tuisland) in die ooste van Suidwes-Afrika. Dit het 'n oppervlak van sowat 1 554 vierkante kilometer beslaan. Die hoofstad was Aminuis. Die tuisland was geskep vir die Tswanasprekende mense te huisves en in 1964 het dit meer as 10 000 inwoners gehad.
|
<urn:uuid:54839626-0d61-4243-96e8-a8fc03d2e0a5>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Tswanaland
|
2019-07-23T05:07:52Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00138.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999842
| false
|
Hulp
Bladsye wat na "Blaar" skakel
←
Blaar
Jump to navigation
Jump to search
Skakels hierheen
Bladsy:
Naamruimte:
alle
(Hoof)
Bespreking
Gebruiker
Gebruikerbespreking
Wikipedia
Wikipediabespreking
Lêer
Lêerbespreking
MediaWiki
MediaWikibespreking
Sjabloon
Sjabloonbespreking
Hulp
Hulpbespreking
Kategorie
Kategoriebespreking
Portaal
Portaalbespreking
Module
Module talk
Gadget
Gadget talk
Gadget definition
Gadget definition talk
Omgekeerde seleksie
Filters
Versteek
insluitings |
Versteek
skakels |
Versteek
aansture
Die volgende bladsye skakel na
Blaar
:
Wys (vorige 50 |
volgende 50
) (
20
50
100
250
500
).
Kokerboom
(
← skakels
wysig
)
Fotosintese
(
← skakels
wysig
)
Kameelperd
(
← skakels
wysig
)
Grondboontjie
(
← skakels
wysig
)
Haselaar
(
← skakels
wysig
)
Geelstreepboskruiper
(
← skakels
wysig
)
Johann Wolfgang von Goethe
(
← skakels
wysig
)
Lys van soorte -vore
(
← skakels
wysig
)
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
(
← skakels
wysig
)
Mos
(
← skakels
wysig
)
Raak-my-nie
(
← skakels
wysig
)
Voortplanting
(
← skakels
wysig
)
Eland
(
← skakels
wysig
)
Ekostelsel
(
← skakels
wysig
)
Herfskleure
(
← skakels
wysig
)
Dorsiventrale blaar
(
← skakels
wysig
)
Alg
(
← skakels
wysig
)
Metanogenese
(
← skakels
wysig
)
Vinkel
(
← skakels
wysig
)
Wikipedia:Beeld van die week/2011
(
← skakels
wysig
)
Wikipedia:Voorbladbeeld week 47 2011
(
← skakels
wysig
)
Platkroon
(
← skakels
wysig
)
Olienhout
(
← skakels
wysig
)
Hout
(
← skakels
wysig
)
Baardsuikerbos
(
← skakels
wysig
)
Vuurpyl (plant)
(
← skakels
wysig
)
Witbotterblom
(
← skakels
wysig
)
Rooivygie
(
← skakels
wysig
)
Bokbaaivygie
(
← skakels
wysig
)
Blinkblaar
(
← skakels
wysig
)
Boomvaring
(
← skakels
wysig
)
Breëblaarboekenhout
(
← skakels
wysig
)
Matoppie
(
← skakels
wysig
)
Sambokpeul
(
← skakels
wysig
)
Halfmens
(
← skakels
wysig
)
Bosvlier
(
← skakels
wysig
)
Afrika-hondsroos
(
← skakels
wysig
)
Valskatjiepiering
(
← skakels
wysig
)
Vanwykshout
(
← skakels
wysig
)
Struik
(
← skakels
wysig
)
Perdepis
(
← skakels
wysig
)
Rutaceae
(
← skakels
wysig
)
Sapindaceae
(
← skakels
wysig
)
Witmelkhout
(
← skakels
wysig
)
Spekboom
(
← skakels
wysig
)
Swartwattel
(
← skakels
wysig
)
Blom
(
← skakels
wysig
)
Saad
(
← skakels
wysig
)
Spesery
(
← skakels
wysig
)
Plantkunde
(
← skakels
wysig
)
Wys (vorige 50 |
volgende 50
) (
20
50
100
250
500
).
Ontsluit van "
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Blaar
"
Navigasie-keuseskerm
Persoonlike gereedskap
Nie ingeteken nie
Bespreking
Bydraes
Skep gebruiker
Meld aan
Naamruimtes
Bladsy
Bespreking
Variante
Weergawes
Lees
Wysig
Wysig bron
Wys geskiedenis
Meer
Soek
Navigasie
Tuisblad
Gebruikersportaal
Geselshoekie
Onlangse wysigings
Lukrake bladsy
Hulp
Sandput
Skenkings
Gereedskap
Spesiale bladsye
Drukbare weergawe
Ander tale
Privaatheidsbeleid
Inligting oor Wikipedia
Vrywaring
Ontwikkelaars
Koekieverklaring
Selfoonweergawe
|
<urn:uuid:84637206-8423-4dbb-a5c1-17d4e2f46143>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Blaar
|
2019-07-23T05:31:01Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00138.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999471
| false
|
Oos-Kaap
Inhoud
Die Oos-Kaap (Engels: Eastern Cape, Xhosa: IPhondo yaMpuma-Koloni) is een van die nege provinsies van Suid-Afrika. Die hoofstad is Bhisho. Die provinsie is in 1994 gevorm met die samevoeging van die oostelike deel van die voormalige Kaapprovinsie en die "tuislande" Ciskei en Transkei.
DemografieWysig
- Bevolking (2011-sensus): 6 562 053.
- Tale: Xhosa (78,85%), gevolg deur Afrikaans (10,58%).
- Godsdiens: Christendom 87,1% (2001)
- Die dominante bevolkingsgroep (79%) in die provinsie, die Xhosas, word onderverdeel in die volgende stamme:
- Gcaleka, Hlube, Rharhabe, Thembu, Bomvana, Mapondo en Mapondomise.
GeografieWysig
- Oppervlakte: Sowat 168 966 km².
Ligging en topografieWysig
Die provinsie lê in die suidooste van Suid-Afrika aan die Indiese Oseaan. Dit word in die noorde begrens deur die Vrystaat, Lesotho en KwaZulu-Natal en in die weste deur die Wes-Kaap en Noord-Kaap. Daar is groot verskille in die landskap, wat wissel van manjifieke strande in die suide en ooste tot grasvlaktes in die oostelike binneland en 'n deel van die barre Groot Karoo in die noordweste. Daar is uitgebreide woude in die suide. 'n Reeks bergreekse loop deur die middel van die Oos-Kaap, en die Witteberge en Drakensberge lê aan die provinsie se noordoosgrens. Die kusstreek vanaf die Groot-Keirivier in die suide tot by Port Edward in die noorde staan bekend as die Wildekus.
EkonomieWysig
Die groot stede Port Elizabeth en Oos-Londen huisves 'n aantal motorvervaardigers en verskeie groot maatskappye. Fabrieke van Volkswagen, Ford, General Motors, Daimler (Mercedes Benz), Good Year, Nestlé, Johnson & Johnson, Aspen (farmaseuties) en andere word hier aangetref. Maar die res van die Oos-Kaap is veral landbougebied, wat sitrus- en ander vrugte, mielies en sorghum produseer. Die omgewing rondom Stutterheim bestaan uit bosbouplantasies. Die provinsie het ook bees- en skaapplase, laasgenoemde veral in die Groot Karoo.
Die oorde wat al langs die Oos-Kaapse kus lê, het groot toerismepotensiaal. Die provinsie se hawens is Port Elizabeth, Oos-Londen en 'n groot nuwe Suid-Afrikaanse hawe, dié van Ngqura (of Coega). Laasgenoemde is 20 km noordoos van Port Elizabeth se hawe aangelê – aan die mond van die Coegarivier in Algoabaai. Die hawe van Ngqura het in 2011 sy eerste handelsboot verwelkom, en is in Maart 2012 amptelik geopen deur President Zuma.
BronneWysig
VerwysingsWysig
- statssa.gov.za – 2011-sensus
Eksterne skakelsWysig
Wikimedia Commons bevat media in verband met Oos-Kaap. |
- ( Toerisme-inligting oor ) Oos-Kaap op Wikivoyage
- ( ) Amptelike webwerf
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Oos-Kaap.
Provinsies van Suid-Afrika | |
---|---|
Gauteng | KwaZulu-Natal | Limpopo | Mpumalanga | Noord-Kaap | Noordwes | Oos-Kaap | Vrystaat | Wes-Kaap |
|
<urn:uuid:d3112c82-659b-4c7f-b4ce-f7b551cd1679>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Oos-Kaap
|
2019-07-15T18:55:53Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195523840.34/warc/CC-MAIN-20190715175205-20190715201205-00322.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999683
| false
|
Leipoldtville
Leipoldtville, 'n dorpie in die Sandveld aan die Weskus van Suid-Afrika, het deur die toedoen van die Nederduitse Gereformeerde Kerk tot stand gekom. Dit is sowat 40 km wes-suidwes van Clanwilliam en 27 km suidoos van Lambertsbaai geleë.
Leipoldtville | |
'n Kerk in Leipoldtville | |
Leipoldtville se ligging in Wes-Kaap
Koördinate: Koördinate: | |
Land | Suid-Afrika |
---|---|
Provinsie | Wes-Kaap |
Distrik | Weskus |
Munisipaliteit | Cederberg |
Stigting | 1905 |
Oppervlak[1] | |
- Dorp | 0,65 km² (0,3 vk m) |
Bevolking (2011)[1] | |
- Dorp | 298 |
- Digtheid | 458/km² (1 186,2/myl2) |
Rasverdeling (2011)[1] | |
• Blank | 11.1% |
• Indiër/Asiër | 1.7% |
• Kleurling | 79.5% |
• Swart | 7.7% |
Taal (2011)[1] | |
• Afrikaans | 96.3% |
• Engels | 1.7% |
• Ander | 2.0% |
Poskode (posbusse) | 8122 |
Skakelkode(s) | 027 |
GeskiedenisWysig
Op 31 Januarie 1905 vergader die ringskommissie van die Ring van Clanwilliam saam met lede van die gemeente Clanwilliam wat in die Sandveld op die destydse Onderlangvallei (tans Leipoldtville) gewoon het, om die Sandveld tot afsonderlike gemeente af te stig. As gevolg van die ywer van ds. C.F. Leipoldt, van 1884 tot 1910 leraar op Clanwilliam en vader van die beroemde Afrikaanse digter C. Louis Leipoldt, word die afgestigte gemeente na hom genoem.
Die eerste leraar was ds. P. de Waal van 1905 tot 1909. Graafwater en Lambertsbaai was destyds buitewyke van die gemeente waar kerksale mettertyd opgerig is. Die kerkgebou op Leipoldtville self is in grootte, sierlikheid en doeltreffendheid uniek vir 'n dorpie van Leipoldtville se grootte.
In 1946 is die gemeente daartoe in staat om die grootste gedeelte, die huidige gemeente Graafwater, as afsonderlike gemeente af te stig. Na die langste vakature in die geskiedenis word ds. G.J.N. Maass op 12 Februarie 1949 bevestig.
Die gemeente handhaaf sy volwasse lidmaattal goed van 197 in 1972 tot 185 in 2010. Sy 100-jarige bestaan het in 2005 met 'n groot fees gepaard gegaan.
|
<urn:uuid:bb9bb3a5-801a-4cb4-ace1-40d335dc1c60>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Leipoldtville
|
2019-07-16T22:17:05Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00482.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999864
| false
|
Ghadames
Ghadames غدامس |
Koördinate: Koördinate: | |
Land | Libië |
---|---|
Provins | Tripolitanië |
Distrik | Nalut |
Hoogte | 330 m (1 080 vt) |
Bevolking (2011) | |
- Dorp | 10 000 |
Tydsone | EET (UTC+2) |
- Somer (DST) | nie in gebruik nie (UTC+2) |
Die oase het 'n bevolking van 7000 Toearegse Berbers. Die ou gedeelte van die dorp, wat deur 'n muur omring word, is in 1986 deur Unesco as 'n Wêrelderfenisgebied verklaar. Elk van die sewe stamgroepe wat oorspronklik in hierdie deel van die dorp gewoon het, het hul eie distrik gehad, met 'n publieke area waar feeste gehou is. In die 1970's het die regering nuwe huise buite die ou deel van die dorp gebou. Baie inwoners keer egter in die somer terug na die ou middelste deel, siende dat die argitektuur daar beter beskerming teen die hitte bied.
Die eerste rekords oor Ghadames dateer uit die Romeinse periode, toe daar van tyd tot tyd Romeinse troepe in die dorp gestasioneer was. Die Romeinse naam vir die dorp was "Cydamus". Gedurende die 6de eeu het 'n Biskop in die dorp gewoon, ná die inwoners tot die Christendom bekeer is deur Bisantynse sendelinge. Gedurende die 7de eeu het Moslem Arabiere oor Ghadames geheers en die inwoners het volgelinge van Islam geword. Ghadames het tot die 19de eeu 'n belangrike rol gespeel in handel tussen die Mediterreense lande en Wes-Afrika, wie se handelsroetes deur die Sahara geloop het.
The oasis of Ghadames
- - Limeriek deur Charles Issawi, Die Welt des Islams (1998)
Eksterne skakels[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband met Ghadames. |
- ( ) ( ) Amptelike UNESCO bladsy
|
<urn:uuid:2d2489f9-fd30-4f43-a128-af3f9dd6d29c>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Ghadames
|
2019-07-16T23:26:52Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00482.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999965
| false
|
Kategorie:Wikipedia-artikels met BNF-identifiseerders
Jump to navigation
Jump to search
(vorige bladsy) (volgende bladsy)
Vir meer inligting, sien Wikipedia:Gesagbeheer.
Hierdie is 'n versteekte kategorie Dit kategoriseer bladsye vir administratiewe doeleindes. Dit vorm nie deel van die ensiklopedie nie. |
Bladsye in kategorie "Wikipedia-artikels met BNF-identifiseerders"
Die volgende 200 bladsye is in hierdie kategorie, uit 'n totaal van 13 567.
(vorige bladsy) (volgende bladsy)M
- Hosni Mubarak
- Robert Mugabe
- Michael Muhney
- Gavin Muir (Amerikaanse akteur)
- Thomas Muir
- Rani Mukherji
- Diana Muldaur
- Patrick Muldoon
- Kate Mulgrew
- Jack Mulhall
- Edward Mulhare
- Mulholland Drive (film)
- Harry Mulisch
- Chris Mulkey
- Martin Mull
- Ludwig Müller
- Richard Mulligan
- Aimee Mullins
- Kary Mullis
- Dermot Mulroney
- Multatuli
- Eloise Mumford
- Charles Munch
- Edvard Munch
- München
- Paul Muni
- Frankie Muniz
- Olivia Munn
- Alice Munro
- Caroline Munro
- Jules Munshin
- Münster
- Willi Münzenberg
- Murat I
- Murat II
- Murat III
- Murat IV
- Murat V
- Enrique Murciano
- Glenn Murcutt
- Audie Murphy
- Brittany Murphy
- Eddie Murphy
- George Murphy
- Michael Murphy (akteur)
- Andrew Murray
- Bill Murray
- Chad Michael Murray
- Don Murray (akteur)
- James Murray (Amerikaanse akteur)
- Jillian Murray
- John Murray (akteur)
- Mae Murray
- Sean Murray (akteur)
- Tom Murray (akteur)
- Murten
- Gaspard Musabyimana
- Muse (musiekgroep)
- Clarence Muse
- Musée d'Orsay
- Museum
- Muskusos
- Mitchel Musso
- Benito Mussolini
- Ellen Muth
- Riccardo Muti
- Mutsuhito
- Anne-Sophie Mutter
- Aomi Muyock
- My Chemical Romance
- My Lai-menseslagting
- Mýa
- Carmel Myers
- Harry Myers
- Kim Myers
- Mike Myers
- Arden Myrin
- München-ooreenkoms
N
- N'Djamena
- Vladimir Nabokov
- Nach dir, Herr, verlanget mich, BWV 150
- Rafael Nadal
- Nadezjda Kucher
- Nagaland
- Nagano
- Nagasaki-prefektuur
- Anne Nagel
- Conrad Nagel
- Nagmaal
- Nagoja
- Parminder Nagra
- Nahua
- Nahum
- Nairobi
- J. Carrol Naish
- Laurence Naismith
- Desmond Nakano
- Nita Naldi
- Marguerite Namara
- Namas
- Namibië
- Nampula
- Nanak Dev
- Jack Nance
- Nancy
- Nanga Parbat
- Nanotegnologie
- Fridtjof Nansen
- Nanterre
- Nantes
- Napalm Death
- Napels
- Charles Napier (akteur)
- John Napier
- Napoleon II
- Napoleon III van Frankryk
- Napoleontiese Oorloë
- Napoléon Eugène Louis Bonaparte
- Nara-prefektuur
- Narkolepsie
- Narmada
- Nasa
- Nasaret
- Noreen Nash
- Nashville
- Nasionaal-Sosialistiese Duitse Arbeidersparty
- Nasionale Biblioteek van Israel
- Naslaanwerk
- Taslima Nasrin
- Gamal Abdel Nasser
- National Geographic Society
- National Oceanic and Atmospheric Administration
- National Trust
- Natrium
- Mildred Natwick
- David Naughton
- James Naughton
- Nauru
- Navajo
- Navajo (taal)
- NAVO
- Naxos Plate-etiket
- Dmitry Nazarov
- Alla Nazimova
- Ndebele (stam)
- 'Ndrangheta
- Patricia Neal
- Tom Neal
- Kevin Nealon
- Christopher Neame
- Nebraska
- Neckar
- Neder-Navarra
- Neder-Oostenryk
- Neder-Sorbies
- Nederduits
- Nederland
- Nederlanders
- Nedersakse
- Liam Neeson
- Nefertiti
- Aleksander Nefski
- Antonio Negri
- Pola Negri
- Taylor Negron
- Jawaharlal Nehru
- Vince Neil
- Marshall Neilan
- Nekrofilie
- Sophie Nélisse
- Émile Nelligan
- Barry Nelson
- Craig T. Nelson
- David Nelson (akteur)
- Gene Nelson
- Harriet Nelson
- Judd Nelson
- Kenneth Nelson
- Lori Nelson
- Ozzie Nelson
- Ralph Nelson
- Ricky Nelson
- Tim Blake Nelson
- Tracy Nelson (aktrise)
- Willie Nelson
- Svetlana Nemolyaeva
- Neo-Nazisme
- Neon
- Nepal
- Nepalees
- Neptunus
- Nero
- Franco Nero
- Pablo Neruda
- Nerva
- Amado Nervo
- Derren Nesbitt
- Miriam Nesbitt
- Jo Nesbø
- Georg Heinrich Ferdinand Nesselmann
|
<urn:uuid:06818f53-4fa0-425b-9ac0-dbd0580fce8b>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Wikipedia-artikels_met_BNF-identifiseerders?from=Mu
|
2019-07-18T05:07:30Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525500.21/warc/CC-MAIN-20190718042531-20190718064531-00082.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.76402
| false
|
Hulp
Bladsye wat na "Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Ierland" skakel
←
Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Ierland
Jump to navigation
Jump to search
Skakels hierheen
Bladsy:
Naamruimte:
alle
(Hoof)
Bespreking
Gebruiker
Gebruikerbespreking
Wikipedia
Wikipediabespreking
Lêer
Lêerbespreking
MediaWiki
MediaWikibespreking
Sjabloon
Sjabloonbespreking
Hulp
Hulpbespreking
Kategorie
Kategoriebespreking
Portaal
Portaalbespreking
Module
Module talk
Gadget
Gadget talk
Gadget definition
Gadget definition talk
Omgekeerde seleksie
Filters
Versteek
insluitings |
Versteek
skakels |
Versteek
aansture
Die volgende bladsye skakel na
Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Ierland
:
Wys (vorige 50 |
volgende 50
) (
20
50
100
250
500
).
Chili
(
← skakels
wysig
)
Groot-Brittanje
(
← skakels
wysig
)
Tuisblad
(
← skakels
wysig
)
1890
(
← skakels
wysig
)
1867
(
← skakels
wysig
)
1 Julie
(
← skakels
wysig
)
Nieu-Seeland
(
← skakels
wysig
)
Ekwatoriaal-Guinee
(
← skakels
wysig
)
Kanada
(
← skakels
wysig
)
Australië
(
← skakels
wysig
)
Cecil John Rhodes
(
← skakels
wysig
)
Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/Januarie
(
← skakels
wysig
)
Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/Maart
(
← skakels
wysig
)
Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/Julie
(
← skakels
wysig
)
Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/Augustus
(
← skakels
wysig
)
Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/Junie
(
← skakels
wysig
)
Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/September
(
← skakels
wysig
)
Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/1 Januarie
(
← skakels
wysig
)
Slag van Spioenkop
(
← skakels
wysig
)
Republiek Ierland
(
← skakels
wysig
)
Benjamin Mountfort
(
← skakels
wysig
)
Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/18 Junie
(
← skakels
wysig
)
Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/26 Junie
(
← skakels
wysig
)
Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/1 Julie
(
← skakels
wysig
)
Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/4 Julie
(
← skakels
wysig
)
Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/9 Augustus
(
← skakels
wysig
)
Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/13 Augustus
(
← skakels
wysig
)
Eerste Wêreldoorlog
(
← skakels
wysig
)
Eerste Vryheidsoorlog
(
← skakels
wysig
)
Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/15 September
(
← skakels
wysig
)
Koninkryk van Groot-Brittanje
(
← skakels
wysig
)
Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/5 Maart
(
← skakels
wysig
)
Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/23 Maart
(
← skakels
wysig
)
Slag van Isandlwana
(
← skakels
wysig
)
Gebruiker:Alias/Voorblad
(
← skakels
wysig
)
Slag van Colenso
(
← skakels
wysig
)
Belfast
(
← skakels
wysig
)
Skotland
(
← skakels
wysig
)
Slag van die Twee Riviere
(
← skakels
wysig
)
Slag van Blaauwberg
(
← skakels
wysig
)
Sinn Féin
(
← skakels
wysig
)
Acts of Union 1707
(
← skakels
wysig
)
Koninkryk van Engeland
(
← skakels
wysig
)
Zanzibar
(
← skakels
wysig
)
Peregrine Maitland
(
← skakels
wysig
)
George Macartney
(
← skakels
wysig
)
Wikipedia:Sandput/Tuisblad
(
← skakels
wysig
)
Baha’i
(
← skakels
wysig
)
Deutschlandlied
(
← skakels
wysig
)
Slag van Paardeberg
(
← skakels
wysig
)
Wys (vorige 50 |
volgende 50
) (
20
50
100
250
500
).
Ontsluit van "
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Verenigde_Koninkryk_van_Groot-Brittanje_en_Ierland
"
Navigasie-keuseskerm
Persoonlike gereedskap
Nie ingeteken nie
Bespreking
Bydraes
Skep gebruiker
Meld aan
Naamruimtes
Bladsy
Bespreking
Variante
Weergawes
Lees
Wysig
Wysig bron
Wys geskiedenis
Meer
Soek
Navigasie
Tuisblad
Gebruikersportaal
Geselshoekie
Onlangse wysigings
Lukrake bladsy
Hulp
Sandput
Skenkings
Gereedskap
Spesiale bladsye
Drukbare weergawe
Ander tale
Privaatheidsbeleid
Inligting oor Wikipedia
Vrywaring
Ontwikkelaars
Koekieverklaring
Selfoonweergawe
|
<urn:uuid:bdfef8c1-945c-4b2c-bc39-05c9cce14b04>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Verenigde_Koninkryk_van_Groot-Brittanje_en_Ierland
|
2019-07-18T05:33:51Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525500.21/warc/CC-MAIN-20190718042531-20190718064531-00082.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999316
| false
|
Irma Stern
Irma Stern | |
Irma Stern
Geboortenaam | Irma Stern |
---|---|
Geboorte | 21 Oktober 1894 Schweizer-Reneke |
Sterfte | 23 Augustus 1966 (op 71) Kaapstad |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Ouers | Samuel en Henny Stern |
Beroep | Kunsskilder en keramiekkunstenaar |
Huweliksmaat | Prof. Johannes Prinz (later geskei) |
Kind(ers) | Geen |
Irma Stern (Schweizer-Reneke, Z.A.R., 21 Oktober 1894 — Kaapstad, 23 Augustus 1966) was 'n Suid-Afrikaanse kunsskilder. Vroeg in die 21ste eeu het sy die Suid-Afrikaanse skilder geword wie se werk die hoogste pryse behaal.
Inhoud
Agtergrond[wysig | wysig bron]
Stern was die dogter van Samuel en Henny Stern. Haar ouers wat van Duits-Joodse afkoms was het hulle in Wes-Transvaal gevestig. Met die uitbreek van die Tweede Anglo-Boereoorlog (1899) is Stern en haar gesin eers na Kaapstad en toe na Europa, waar sy drie jaar lank in Berlyn skoolgegaan het. Op negejarige leeftyd het sy na Suid-Afrika teruggekeer en toe reeds belangstelling in tekenwerk getoon. In die daaropvolgende jare het sy haar ouers dikwels op hul besoeke na Europa vergesel.
Met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog (1914–18) was hulle verplig om daar te bly totdat vyandelikhede gestaak is. Gedurende die periode het Irma haar met erns op die skilderkuns toegelê en in 1913 by die Weimar-akademie ingeskryf waar sy onder Gari Melchers (Melcheris) studeer het. Die jaar daarop is sy na die Ateljee Levin-Funcke in Berlyn, waar sy onder die leiding van Martin Brandenburg gewerk het. Daarna het sy na Weimar teruggekeer waar sy 'n kort tydjie aan Das Bauhaus studeer het.
Vroeë loopbaan[wysig | wysig bron]
Ná haar terugkeer in Suid-Afrika het sy in 1920 haar eerste tentoonstelling in die Ashbey-kunsgalery gehou. Haar werk, wat baie afgewyk het van die skilderkuns wat destyds in Kaapstad aanvaar is, het hewige reaksie uitgelok, ofskoon enkele kunskritici, onder wie H.S. Caldecott, Leon Levson en Hilda Purnitzsky gunstig daarop gereageer het. Briljante blomstukke was veral opvallend by hierdie tentoonstelling, maar met verloop van tyd het Stern ook ander voorwerpe betrek en het haar stillewes gewen aan subtiliteit en was die kleure hoewel baie ryk, meer gedemp.
Die mate van erkenning wat sy reeds in 1927 in Duitsland geniet het, blyk uit die monografie Irma Stern van Max Osborn wat in daardie jaar in die reeks Junge Kunst verskyn het. In 1929 is haar werk op die jaarlikse tentoonstelling van die Imperiale Instituut, Londen, en ook op die Internasionale Joodse Tentoonstelling in Zürich verteenwoordig. Stern het 'n groot voorliefde vir reis gehad en het na 1934 Suid-Afrika, die Kongo, Zanzibar, Madeira en Suid-Europese lande soos Turkye, Spanje en Italië deurreis. Twee boeke wat deur haar geskryf en geïllustreer is, het hieruit ontstaan, naamlik Congo (1943) en Zanzibar (1948), terwyl 'n vroeëre publikasie, Visionen, reeds in 1920 verskyn het.
Verdere welslae[wysig | wysig bron]
Mettertyd het Stern ook erkenning in haar geboorteland verkry. In 1942 het J. Sachs se monografie Irma Stern and the spirit of Africa in Pretoria verskyn, terwyl 'n film oor haar kuns in 1947 gemaak is. Sy het verskeie pryse ontvang, naamlik die Prix d'honneur by die Internasionale Tentoonstelling in Bordeaux (1927), die Cape Tercentenary Grant (1952), die Suid-Afrikaanse toekenning van die Peggy Guggenheim-Internasionale Kunsprys (1960), die Oppenheimer-Trusttoekenning vir die beste skildery tydens die tentoonstelling van Hedendaagse Suid-Afrikaanse Kuns (1963) en die erepenning vir Suid-Afrikaanse kuns van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (1965).
Stern was een van die eerste moderne skilders in Suid-Afrika wat in die idioom van die kontemporêre Europese kunsrigtings, waaronder die Duitse ekspressionisme, geskilder het. Ofskoon haar styl 'n sterk persoonlike stempel gedra het, was dit nooit staties nie en het dit onder meer invloed van die Kubisme en Fauvisme geopenbaar. Aanvanklik het haar werk sterk onder die invloed van Pechstein gestaan; later het haar besondere lyngebruik sterk herinner aan die van H.E.B. Matisse en M. Chagall. Sy het ook veel van R. Dufy geleer, terwyl Van Gogh 'n onmiskenbare aantrekkingskrag vir haar gehad het.
Aard van haar werk[wysig | wysig bron]
Van die begin af het haar werk egter 'n eie vaste karakter vertoon en het dit van hoogstaande tegniese vaardigheid getuig. Dit was veral haar kleurgebruik wat aanvanklik vreemd voorgekom het — die helderheid en warmte daarvan, die lewenskragtigheid en skreeuende kontraste. Die lewe self en die wêreld rondom haar, was vir Stern boeiend en opwindend. Sy het dit skerp en met groot bewondering waargeneem. Ofskoon die uitbeelding van haar onderwerpe dikwels sterk dramaties vertoon het, was sy selde tragies en nooit soetlik nie. Die eksotiese was eie aan haar. Mense, nie idees nie, het haar geboei — mense in allerlei omstandighede en by alle optredes. Sy was een van die eerste kunstenaars wat die swart mens as 'n selfstandige, gevoelvolle persoon benader het.
Die straatjies van Zanzibar, die eksotiese trope van Sentraal-Afrika, Swazilandse taferele, stadsgesigte, bote, werkers in die veld, Arabiese figure en inboorlingvroue, word oorweldigend weergegee, vol ritme en verbeeldingskrag. Ook haar stillewes van vrugte en blomme openbaar dieselfde eienskappe. Stern was 'n kunstenares met groot skeppingskrag.
Sy het ongeveer 2 000 olieverfskilderye gemaak, maar ook in ander media gewerk, onder meer in waterverf, gouache, gekleurde inkte, conté en tempera. Daarbenewens het sy ook litografieë, monotipes, houtskool- en potloodtekeninge sowel as keramiek gemaak. Verder het sy ook beeldhouwerk gedoen. Teen 1965 was daar reeds meer as honderd tentoonstellings van haar werk in die vernaamste Europese stede soos Londen, Parys, Brussel, Amsterdam, Berlyn, Breslau en Wene gehou.
Uitstallings en versamelings[wysig | wysig bron]
Van 1923 af het sy meer as sestig keer in Suid-Afrika ten toon gestel, terwyl sy na 1948 aan verskeie uitstallings van Suid-Afrikaanse kuns oorsee deelgeneem het. In 1962 het 'n oorsigtelike uitstalling van haar werk in Grosvenor Galery, Londen, plaasgevind en na haar dood is gedurende 1968 gedenkuitstallings in Kaapstad, Johannesburg en Pretoria gehou.
Voorbeelde van haar werk is te sien in al die vernaamste kunsmuseums in Suid-Afrika en in die Suid-Afrikaanse ambassades in Parys, Londen, Washington, Den Haag en Madrid, sowel as in die Museum vir Moderne Kuns in Parys. Haar huis in Rosebank, Kaapstad, met die groot kunsversameling wat dit huisves, is na haar dood as die Irma Stern-museum ingerig.
Waardering[wysig | wysig bron]
Stern was een van die belangrikste en mees dinamiese Suid-Afrikaanse kunstenaars en ofskoon haar kuns nie aanleiding gegee het tot die ontstaan van 'n bepaalde skool of 'n groot aantal navolgers nie, is haar invloed wel te bespeur, veral in die vroeëre werk van Alexis Preller. Sy was 'n stimulerende invloed in die ontwikkeling van die skilderkuns en kunswaardering in Suid-Afrika en die grootste eksponent van die ekspressionisme in hierdie land.
Gesinslewe[wysig | wysig bron]
Sy was getroud met prof. Johannes Prinz. Die huwelik is later ontbind.
Bronne[wysig | wysig bron]
- Beyers, C.J. 1977. Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek Deel III. Kaapstad: Tafelberg-Uitgewers.
Verwysings[wysig | wysig bron]
Eksterne skakels[wysig | wysig bron]
- ( ) Irma Stern se werk stel wêreldrekord op vir SA kuns.
- ( ) Irma Stern teken laaste skets minute voor haar dood, Rapport, 9 April 2011.
- ( ) Sentiment verkoop kuns, Rapport, 26 Maart 2011. URL besoek op 6 Junie 2013.
- ( ) Irma Stern op NLA Design and Visual Arts. URL besoek op 20 Oktober 2013.
|
<urn:uuid:15b22f48-73b3-4b74-9b45-4ae9d7ccd5ec>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Irma_Stern
|
2019-07-19T10:38:50Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00242.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999946
| false
|
Kiaat
Kiaat | ||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
S.A. nasionale nommer: 236 [1] | ||||||||||||||||||||
Kiaat-sade in herfs. | ||||||||||||||||||||
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||||||||||||
Binomiale naam | ||||||||||||||||||||
Pterocarpus angolensis DC. |
Die Kiaat (Pterocarpus angolensis) is 'n boom wat aangetref word in KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo. Dit groei in bosryke grasveld waar daar goed gedreineerde grond is met 'n jaarlikse reënval van 500 mm of meer. Die kenmerkende peule is 9 tot 10 cm in deursnee en die saadkassie is met harde borselhare van tot 1.3 cm bedek. Dit is 'n baie goeie meubelhout. Die taai bloedrooi gom is al in farmaseutiese middels en as kleursel gebruik.
Sien ook[wysig | wysig bron]
Bronne[wysig | wysig bron]
- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
|
<urn:uuid:7a8c315a-b243-4361-a408-639ecba00d09>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Kiaat
|
2019-07-19T10:32:52Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00242.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.96992
| false
|
Bespreking:Alta Joubert
Jump to navigation
Jump to search
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Alta Joubert-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. |
Artikelriglyne
Daaglikse bladtrekke | |
|
<urn:uuid:646d8d5b-0b7f-4078-a0a0-ed59af034137>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Alta_Joubert
|
2019-07-18T05:15:08Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525500.21/warc/CC-MAIN-20190718042531-20190718064531-00106.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999984
| false
|
Boekbronne
Jump to navigation
Jump to search
Biblioteke
Suid-Afrika:
- Soek die boek in die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika se katalogus
- Soek die boek in die SEALS Konsortium se biblioteek
- Soek die boek in die Universiteit van Suid-Afrika se biblioteek
- Soek die boek in die Universiteit van die Witwatersrand se biblioteek
- Soek die boek in die Kaapse Hoër Onderwys Konsortium se biblioteek
Wêreldwyd:
- Soek die boek deur WorldCat in jou plaaslike biblioteek se katalogus
Boekwinkels
Suid-Afrika:
Ander lande:
|
<urn:uuid:8c9c0dd1-18a1-4844-a9aa-6fea73d5ec85>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Boekbronne/9635470703
|
2019-07-18T04:50:16Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525500.21/warc/CC-MAIN-20190718042531-20190718064531-00106.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999935
| false
|
Nico Carstens
Nico Carstens | ||
---|---|---|
250px | ||
Nico Carstens in 2004 | ||
Geboortenaam | Nicolaas Cornelius Carstens | |
Geboorte | 10 Februarie 1926 Kaapstad, Suid-Afrika | |
Afsterwe | 1 November 2016 (op 90)[1] Kaapstad, Suid-Afrika | |
Beroep(e) | Musikant | |
Genre(s) | Boeremusiek | |
Instrument(e) | Trekklavier | |
Aktiewe jare | 1960's–2016 | |
Musiekportaal |
Nicolaas Cornelius Carstens (1926–2016) was 'n Suid-Afrikaanse trekklavierspeler, komponis en boereorkesleier. Carstens het letterlik honderde komposisies die lig laat sien en is veral bekend vir sy instrumentale treffer, Zambezi.[2]
Inhoud
LewensloopWysig
Carstens is op 10 Februarie 1926 in Kaapstad van Nederlandse ouers gebore. Hy kry sy eerste trekklavier op die ouderdom van 13 en wen sy eerste musiekkompetisie ses maande later. Hy komponeer sy eerste musiekstuk op die ouderdom van 17 en het daarna ongeveer 'n verdere 1200 komposisies geskryf.
Hy het as 19-jarige in die orkes van Hendrik Susan begin speel en in 1950 sy eie orkes gestig. In 1959 word hy die eerste Suid-Afrikaanse kunstenaar wat ’n toekenning ontvang het vir die verkoop van meer as in miljoen musiekopnames.[2]
KomposisiesWysig
Nico Carstens was die skrywer van verskeie treffers, soos "Zambesi" die "Klokkiewals" en "Warmpatat".
Sy bekendste liedjie, "Zambezi", het wêreldwyd 'n treffer geword en is deur kunstenaars soos Eddie Calvert, Acker Bilk, Bert Kaempfert, The Shadows, James Last, Chet Atkins, Floyd Cramer en Johnny Dankworth opgeneem.[3] Ander komposisies daarvan is opgeneem deur Horst Wende, Henri René, Geoffliefde en orkeste in Australië, Italië en Pole.
- Van sy ander liedjies sluit in
Aap Setties, Boerenooi, Boma Boma; Kombuis Kwela, Brakpan Kwela, Brakpan Setties, Casablanca, Die Ou Kalahari, Die Springbok Kwela, Die Wolf Kwela, Geenfonteinse Vastrap, Gertjie Wintervoël, Goue Tango, Goue Vingers, Grandma Dooley, Hasie, Helena Cha-Cha, Helena Tango, Herd Boy/ Veewagter, Mpi Zulu, Jampot Polka, Jazz-A-Roo, Jy's My Hart, Kariba, Katjiepieringwals, Kersfees Wals, Klokkiewals, Lente In Switzerland, Luanda, Meadowlands, Meerkat Samba, Mimosa Cha-Cha, Nader Aan Jou, Net Jy Alleen, Nico Se Wysie, Outa In Die Langpad, Pasop Vir Die Maan, Pondoland, Quietude, Ressano Garcia, Riksja Booi, Shirley Wals, Skoppelmaai, Skuus Bietjie Hier, Soetpatatta, Umfaan, Vaalpens Polka, Voom-Ba-Voom, Wag 'n Bietjie, Warm Patat en Zambezi.
|
<urn:uuid:bb581ea3-2ef7-473e-9214-1abfa61c5f18>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Nico_Carstens
|
2019-07-19T10:42:56Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00266.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999443
| false
|
Pous Bonifatius II
Pous Bonifatius II | |
---|---|
Pontifikaat begin | 22 September 530 |
Pontifikaat eindig | 17 Oktober 532 |
Voorganger | Felix IV |
Opvolger | Johannes II |
Gebore | |
Sterf | 17 Oktober 532 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Bonifatius |
Inhoud
BiografieWysig
Pous Bonifatius II is 'n Oos-Goot van geboorte, die seun van Sigibuld. Op 22 September 530 volg hy Pous Felix IV op en regeer tot sy dood op 17 Oktober 532. Bonifatius is op voorspraak van sy voorganger totpous verkies. Hy is die eerste Germaanse pous, en word sterk gesteun die Gotiese koning Athalarik. Athalarik was 'n vriend van Pous Felix IV en 'n Ariaan. Bonifatius II word opgevolg deur Pous Johannes II. Die naam ‘Bonifatius’ beteken 'Weldoener' in Latyn. Pous Bonifatius II is nie heilig verklaar nie, die "St." in die beeld hierbo is dus verkeerd.
PontifikaatWysig
Bonifatius II is deur 'n minderheid verkies en daar was vir 'n kort tydjie van 22 dae 'n Teenpous Dioscurus. Sedert 2001 word Teenpous Dioscurus ook as wettige pous erken omdat daar nie duidelikheid is oor presies wanneer Bonifatius verkies is nie. Tydens sy bewind is die Pelagianisme en die Semi-Pelagianisme veroordeel op die sinode van Arausio. Bonifatius het ook probeer om sy opvolger aan te stel, dit het egter misluk. Sy keuse, Pous Vigilius is egter wel 'n paar jaar later as pous verkies.
VereringWysig
Bonifatius II is na sy dood begrawe in die ou Sint Pieterskerk.
VerwysingsWysig
- Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press. ISBN 0-85323-545-7
Eksterne skakelsWysig
- BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
- CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)
|
<urn:uuid:a67219e1-ecb9-4146-adde-123550067d18>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Pous_Bonifatius_II
|
2019-07-19T10:48:08Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00266.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999784
| false
|
Gammastraling
Gammastraling (simbool: γ) is een van die drie belangrikste vorme van radioaktiwiteit. Dit is – anders as alfa- of betastraling – elektromagnetiese golwe met baie hoë vlakke van energie en ’n hoë frekwensie. Gammastrale kan met X-strale vergelyk word, behalwe dat hulle korter golflengtes het.
Paul Villard, ’n Franse chemikus en fisikus, het gammastraling in 1900 ontdek terwyl hy straling bestudeer het wat deur radium vrygestel word. In 1903 het die Britse fisikus Ernest Rutherford dié soort bestraling "gammastrale" genoem vanweë hul relatief sterk deurdringingsvermoë; hy het voorheen twee minder deurdringbare soorte vervalstraling ontdek wat hy alfa- en betastrale genoem het.[1]
Inhoud
BronneWysig
Gammastrale van radioaktiewe verval kom voor in die energie-omvang van ’n paar keV tot ~8 MeV, en dit stem ooreen met die tipiese energievlakke in kerns met ’n redelike lang leeftyd. Die energiespektrum van gammastrale kan gebruik word om die vervallende radionukliede te identifiseer met die gebruik van gammaspektroskopie. Gammastrale met ’n baie hoë energie, van 100-1 000 TeV, is al opgespoor in bronne soos die Cygnus X-3-mikrokwasar.
Natuurlike bronne van gammastrale wat op Aarde ontstaan het, is meestal die gevolg van radioaktiewe verval en sekondêre straling uit atmosferiese wisselwerkings met kosmiese strale. Daar is egter ook ander, seldsame natuurlike bronne, soos gammastraalflitse in die Aarde se atmosfeer wat gammastrale produseer uit elektronaksie op die kern. Kunsmatige bronne van gammastrale sluit in splyting, soos in kernreaktors, en fisika-eksperimente by hoë energievlakke, soos neutrale pionverval en kernfusie.
X-straleWysig
Gamma- en X-strale is albei elektromagnetiese straling en oorvleuel in die elektromagnetiese spektrum; by sekere energieë kan hulle nie bloot deur opsporing uit mekaar geken word nie. Om hulle te onderskei moet hul oorsprong vasgestel word. In die geval van X-strale is die bron buite die kern vanweë elektronwisselwerking. Wetenskaplike terminologie verskil van veld tot veld. In astrofisika word strale wat fotonenergieë bo 100 keV het as gammastrale beskou en dit is die onderwerp van gammastraal-astronomie. Straling onder 100 keV word as X-strale geklassifiseer en is die onderwerp van X-straal-astronomie. Dié gebruik kom van die vroeë X-strale wat deur die mens gemaak is en energieë van net tot 100 keV gehad het, terwyl baie gammastrale hoër energieë gehad het.
GevareWysig
Gammastrale is ioniserende straling en dus biologies gevaarlik. Dit hou ’n risiko vir die mens se gesondheid in; dit kan beenmurg en organe beskadig. Anders as alfa- en betastrale beweeg hulle maklik deur die liggaam en verg dik beskermingmateriale soos beton of lood.
’n Goeie voorbeeld van ’n radio-isotoop wat gammastraling uitstraal, is 60Co. Hierdie kobaltisotoop word gebruik om staal te maak en in hospitale om kanker te behandel. Wanneer dit in die verkeerde hande beland, soos dié van diewe, kan dit groot gevaar inhou.[2]
VerwysingsWysig
- E. Rutherford (1903) "The magnetic and electric deviation of the easily absorbed rays from radium", Philosophical Magazine, Reeks 6, vol. 5, no. 26, ble. 177–187.
- mashable.com.
Eksterne skakelsWysig
- Basiese verwysing na verskeie soorte straling
- Vrae en antwoorde oor straling
- GCSE-inligting
- Inligting oor straling
- Gammastraalflitse
- The Lund/LBNL Nuclear Data Search – Bevat inligting oor gammastraalenergieë van isotope.
- Amerikaanse Health Physics Society se opvoedkundewebtuiste
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
|
<urn:uuid:0fa521cf-57f7-472c-b224-bbd79b17c1d5>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Gammastraling
|
2019-07-20T15:34:14Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526536.46/warc/CC-MAIN-20190720153215-20190720175215-00426.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999852
| false
|
Hulp
Kategorie:Integrale
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation
Jump to search
Bladsye in kategorie "Integrale"
Die volgende 3 bladsye is in hierdie kategorie, uit 'n totaal van 3.
I
Lys van integrale
Lys van integrale van irrasionale funksies
L
Lys van integrale van logaritmiese funksies
Ontsluit van "
https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Kategorie:Integrale&oldid=1661437
"
Kategorie
:
Integraalrekening
Navigasie-keuseskerm
Persoonlike gereedskap
Nie ingeteken nie
Bespreking
Bydraes
Skep gebruiker
Meld aan
Naamruimtes
Kategorie
Bespreking
Variante
Weergawes
Lees
Wysig
Wysig bron
Wys geskiedenis
Meer
Soek
Navigasie
Tuisblad
Gebruikersportaal
Geselshoekie
Onlangse wysigings
Lukrake bladsy
Hulp
Sandput
Skenkings
Ander projekte
Wikimedia Commons
Druk/eksporteer
Skep boek
Laai af as PDF
Drukbare weergawe
Gereedskap
Skakels hierheen
Verwante veranderings
Spesiale bladsye
Permanente skakel
Bladinligting
Wikidata-item
Ander tale
العربية
Azərbaycanca
Беларуская
Bosanski
Català
Ελληνικά
English
Esperanto
Español
فارسی
Français
עברית
Hrvatski
Ido
日本語
Қазақша
ភាសាខ្មែរ
한국어
Lietuvių
Latviešu
Македонски
Ирон
Polski
Română
Русский
Srpskohrvatski / српскохрватски
Slovenščina
Српски / srpski
Svenska
ไทย
Türkmençe
Türkçe
Українська
Tiếng Việt
中文
Wysig skakels
Die bladsy is laas op 11 April 2018 om 16:22 bygewerk.
Die teks is beskikbaar onder die lisensie
Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel
. Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die
Algemene Voorwaardes
vir meer inligting.
Privaatheidsbeleid
Inligting oor Wikipedia
Vrywaring
Ontwikkelaars
Koekieverklaring
Selfoonweergawe
|
<urn:uuid:6603652d-eb8c-4a19-9132-f79eb2e416c9>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Integrale
|
2019-07-20T15:58:06Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526536.46/warc/CC-MAIN-20190720153215-20190720175215-00426.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.99609
| false
|
Roetvalk
Roetvalk | ||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Bewaringstatus | ||||||||||||||
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||||||
Binomiale naam | ||||||||||||||
Falco concolor Temminck, 1825 | ||||||||||||||
Globale verspreiding.
Oranje: Broeikolonies Blou: Oorwintering |
Die roetvalk (Falco concolor) is 'n medium-grootte valk wat van noordoos Afrika tot by die suidlike Persiese Golf voorkom. Dit behoort aan 'n groep soortgelyke valke wat dikwels beskou word as 'n subgenus Hypotriorchis. Die Eleonoravalk word as sy naaste familielid beskou. [2] Die wetenskaplike naam concolor verwys na die voël se ewe gekleurde vere.
Dit is 'n elegante roofvoël en is 32-37 cm lank met 'n vlerkspan van 78-90 cm. Dit lyk soos 'n groot Europese boomvalk of 'n klein Eleonoravalk gebou, met 'n lang gepunte vlerke, 'n lang stert en slanke liggaam. Die volwassenes is blou-grys en die gebrek aan die swart ondervlerkdekvere onderskei dit van die Eleonoravalk. Die donker agterrand van die vlerke en stert onderskei dit van die Europese boomvalk.
Hierdie spesie broei op eilande en die kus of woestyn kranse van Libië tot Pakistan. Dit is 'n lang-afstand trekvoël, oorwintering in Oos-Afrika en die suide van Madagaskar. Dit is 'n seldsame swerwer noord van sy broei-habitat.
Sien ook[wysig | wysig bron]
- Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls
- Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer)
- Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Voetnotas[wysig | wysig bron]
- BirdLife International (2012). "Falco concolor". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.
- Helbig et al (1994. ), Wink et al (1998)
Verwysings[wysig | wysig bron]
- BirdLife International (BLI) (2008): [2008 IUCN Redlist status changes]. Retrieved 2008-MAY-23.
- Helbig, A.J.; Seibold, I.; Bednarek, W.; Brüning, H.; Gaucher, P.; Ristow, D.; Scharlau, W.; Schmidl, D. & Wink, Michael (1994): Phylogenetic relationships among falcon species (genus Falco) according to DNA sequence variation of the cytochrome b gene. In: Meyburg, B.-U. & Chancellor, R.D. (eds.): Raptor conservation today: 593-599. PDF fulltext
- Wink, Michael; Seibold, I.; Lotfikhah, F. & Bednarek, W. (1998): Molecular systematics of holarctic raptors (Order Falconiformes). In: Chancellor, R.D., Meyburg, B.-U. & Ferrero, J.J. (eds.): Holarctic Birds of Prey: 29-48. Adenex & WWGBP. PDF fulltext
|
<urn:uuid:bf38cfdb-2a45-4e71-a0b8-352956060509>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Roetvalk
|
2019-07-20T16:20:52Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526536.46/warc/CC-MAIN-20190720153215-20190720175215-00426.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.994562
| false
|
Boekbronne
Jump to navigation
Jump to search
Biblioteke
Suid-Afrika:
- Soek die boek in die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika se katalogus
- Soek die boek in die SEALS Konsortium se biblioteek
- Soek die boek in die Universiteit van Suid-Afrika se biblioteek
- Soek die boek in die Universiteit van die Witwatersrand se biblioteek
- Soek die boek in die Kaapse Hoër Onderwys Konsortium se biblioteek
Wêreldwyd:
- Soek die boek deur WorldCat in jou plaaslike biblioteek se katalogus
Boekwinkels
Suid-Afrika:
Ander lande:
|
<urn:uuid:103b8cef-c069-4c06-b45d-0a5ef2eae863>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Boekbronne/978-1-58603-424-5
|
2019-07-20T15:58:43Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526536.46/warc/CC-MAIN-20190720153215-20190720175215-00426.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999935
| false
|
Telekommunikasie
Telekommunikasie is die versending van seine oor 'n afstand met die doel om te kommunikeer. Vandag is hierdie proses amper eksklusief verbonde aan die versending van elektromagnetiese golwe deur elektroniese versenders, maar in die ou dae was telekommunikasie geassosieer met rookseine, tromme, ens. Vandag is telekommunikasie wyd versprei, en toestelle wat met hierdie proses gepaardgaan, byvoorbeeld televisie, radio en telefoon, is gewoon in groot dele van die wêreld. Daar bestaan ook 'n groot aantal netwerke wat hierdie toestelle met mekaar verbind, byvoorbeeld rekenaar-, publieke telefoon-, radio- en televisienetwerke. Rekenaarkommunikasie oor die Internet, soos vonkpos (epos) en kits-klets, is net een van verskeie voorbeelde. Telekommunikasiesisteme word gewoonlik deur telekommunikasie-ingenieurs ontwerp.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Telecommunication. |
|
<urn:uuid:1220c43f-ae0d-42c4-ab69-36c50269566f>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Telekommunikasie
|
2019-07-23T04:41:59Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00186.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999922
| false
|
P. de V. Pienaar
P. de V. Pienaar (11 Augustus 1904 – 6 April 1978) was ’n Afrikaanse taalkundige en skrywer van romans en kortverhale. Hy was professor in die Departement van Spraakwetenskap, Logopedika en Oudiologie aan die Universiteit van Pretoria.
Inhoud
Lewe en werk[wysig | wysig bron]
Pierre De Villiers Pienaar is op 11 Augustus 1904 op die plaas Elandsfontein in Gatsrand in die distrik Fochville gebore. Sy vader is Matthys Michiel Pienaar, wat in beide die Eerste en Tweede Vryheidsoorlog geveg het. Ná opleiding aan die Elandsfontein plaasskool matrikuleer hy in 1921 in die eerste klas aan die Potchefstroom Boys High School. Hy sit vanaf 1922 sy studies voort aan die Johannesburgse Normaalkollege en die Universiteit van die Witwatersrand en behaal in 1924 die B.A.-graad en in 1925 die B.A.-Honneurs-graad. In 1926 behaal hy die M.A.-graad in Afrikaans en Nederlands met lof met ’n verhandeling oor fonetiek en algemene linguistiek. Dan is hy tydelik onderwyser in Johannesburg voordat hy in September 1927 met ’n Unie-studiebeurs na Utrecht in Nederland gaan om verder te studeer onder leiding van die bekende professor C.G.N. de Vooys. Vanaf Mei 1928 sit hy sy studies voort in Hamburg in Duitsland onder die leermeesters Panconcelli-Calgia, Meinhof en Kloeke en verwerf in 1929 die Ph.D.-graad in Afrikaanse en Nederlandse fonetiek na aanleiding van ’n proefskrif getitel “Die Fonoposotie en die Fonotopie van die Afsluitings- en Vernouingsklanke binne die Spraakmolekuul”. Hierdie proefskrif word later gepubliseer. Op 31 Januarie 1928 trou hy op Greytown in Natal met Frederika Vermaak. Die egpaar het drie kinders, twee seuns (Rousselot en Uys) en ’n dogter (Anne Lize).
By sy terugkeer na Suid-Afrika gee hy weer in Johannesburg onderwys vanaf 1930 tot 1933, waarna hy aan die begin van 1934 ’n betrekking aanvaar as lektor in Fonetiek aan die Universiteit van die Witwatersrand. Hy speel ’n groot rol in die stigting van die Handhawersbond, waar hy die eerste redakteur is van hulle mondstuk “Die Handhawer”, en Reddingsdaadbond. Hy is ’n stigterslid van die Afrikaanse Skrywerskring in 1934 en is reeds teenwoordig op die voorlopige vergadering op 20 Augustus 1934, toe hierdie liggaam beplan is. Deur sy toedoen word die eerste diplomakursus in Spraakheelkunde in Suid-Afrika in 1937 aan die Universiteit van die Witwatersrand ingestel. In 1943 word hy bevorder tot hoogleraar in Fonetiek en Spraakheelkunde en neem mettertyd ook die direkteurskap oor van die Spraak-, Stem- en Gehoorkliniek. In 1957 word hy professor in Afrikaanse en Nederlandse Linguistiek aan die Universiteit van Suid-Afrika, waar hy twee jaar werk. Wanneer die Departement van Spraakwetenskap, Logopedika en Oudiologie in 1959 aan die Universiteit van Pretoria gestig word, is hy die eerste hoogleraar, ’n posisie wat hy beklee tot met sy aftrede aan die einde van 1969. Hierna is hy tydelike professor tot 1972 en word daarna professor emeritus.
Hy verwerf lidmaatskap van talle liggame van wetenskaplike, taalkundige en kulturele belang. Dit sluit in die Raad van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK), die Filmraad, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, die Transoranje-instituut vir Spesiale Onderrig en die Suid-Afrikaanse Nasionale Raad vir Dowes. By die SAUK dien hy van 1957 tot 1968 in die Taaladvieskomitee, terwyl hy ook dien in die Departement van Onderwys se advieskomitee vir taallaboratoriums. Hy is onder meer benoem tot lewenslange ere-president van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Spraak- en Gehoorheelkunde. Verskeie plaaslike en internasionale universiteite maak van sy dienste gebruik om hulle te adviseer oor die opleiding van terapeute in die veld van kommunikasie-patologie en die stigting van taallaboratoriums. In die vroeë veertigerjare dien hy ook in die skoolkomitee wat verantwoordelik was vir die stigting van Laerskool Jan Celliers, die eerste Afrikaanse laerskool in die noordelike voorstede van Johannesburg. In Augustus 1977 het hy ’n ernstige beroerte-aanval, wat hom verlam en sonder spraak laat. Hy is op 6 April 1978 in die Kronendal-verpleeginrigting in Pretoria oorlede. Sy as is op die familieplaas Elandsfontein gestrooi.
Skryfwerk[wysig | wysig bron]
Sy akademiese werk is hoofsaaklik gerig op die professie van spraakpatologie en oudiologie. Verskeie vakkundige boeke oor die fonetiek en taalkunde verskyn van hom, insluitende “Afrikaanse fonetiek” (saam met T.H. le Roux), “Fonoposotie en die fonotopie van die Afrikaanse afsluitings- en spraakmolekuul”, “Praat u beskaaf?”, “Engels-Afrikaanse fonetiese leesboek” (saam met dr. A.G. Hooper), “Uitspraakwoordeboek van Afrikaans” en “Die Afrikaanse spreektaal”. Saam met C.M. van den Heever is hy redakteur van die driedelige “Kultuurgeskiedenis van die Afrikaner” en werk hy ook saam met M.S.B. Kritzinger en ander mee aan die “Verklarende Afrikaanse Woordeboek”. As kenner van musiek en veral opera verskyn die boek “Opera en sanger” ook van hom.
Op letterkundige gebied skryf hy enkele gedigte en sy gedig “Die aandblom” word deur Arthur Ellis getoonset en in die “FAK Kunsliedbundel” opgeneem. Dit is egter op prosagebied wat hy sy belangrikste bydrae maak. Reeds in 1923 word ’n goue medalje en ’n spesiale diploma van die Johannesburgse Kunsvereniging aan hom toegeken vir “oorspronklike prosa”. Die naturalistiese probleemroman[1] “Skakels van die ketting”[2] veroorsaak groot opspraak wanneer dit in die twintigerjare gepubliseer word, veral in die lig van die uitbeelding van ’n sensuele seun se worsteling met sy seksualiteit en die vlees.[3] Die boek gee waarskynlik van die vroegste seksuele beskrywings in Afrikaans, hoewel geensins eksplisiet nie. Kobie Breed is ’n idealistiese jongman wat op die plaas groot word, waar hy en Elka op mekaar verlief raak. Hy voel egter ’n roeping om in die bediening te staan en na skool gaan hy dan na Johannesburg om hom as sendeling te bekwaam. In die stad bring sy geslagsdrif hom te midde van baie verleidings tot ’n val. Hy organiseer ’n Sondagskool vir verwaarloosde kinders in die agterbuurtes, maar word deur die aantreklike Violet verlei. Die volgende oggend is hy na aan selfmoord, maar is getuie van ’n motorongeluk waarin die slagoffer in sy arms sterf. Hierdie gebeurtenis maak hom weer attent op sy roeping en hy gaan na Njassaland (tans Malawi) om daar onder die plaaslike bevolking te bedien. Uit dankbaarheid vir sy genesing bring ’n stamkaptein sy dogter aan Kobie as geskenk, wat volgens die gewoonte van die stam sy vrou moet word. Kobie het egter reeds sy sedelike ewewig herwin en hy keer huis toe. Hoewel hy haar bedrieg het, help die vergewende liefde van sy nooi Elka hom dan om weer geestelik en emosioneel op die been te kom. Hy vind dan sy lewensdoel op die delwerye, waar hy geestelik arbei onder hierdie mense. Ten spyte van die tematiese aanwins vir ons letterkunde, is die roman ongelukkig nie vry te spreek van oordadige woordgebruik en styl nie en vloei die vertelling moeilik. Besonder eksperimenteel is ook sy proefneming met fonetiese spelling in hierdie tyd wat die Afrikaanse taal- en spelreëls nog vloeibaar is.
Die res van sy letterkundige oeuvre bestaan uit kortverhale, wat hy in “Ruth”, “Magte” en “Die oorlogskind” bundel. Hierdie verhale ondersoek dikwels die noodlotsmag en lyding van die mensdom en die sin van die lewe. Die verhale in “Ruth” toon ’n verbetering in styl na sy debuutwerk, maar hier is steeds lastige “mooiskrywery” wat die betekenis laat vervaag en die impak versag. Die titelverhaal is na aanleiding van die Bybelse verhaal van Rut. ’n Vader en sy twee seuns trek weens droogte na Johannesburg om in die myne te werk. Daar trou die twee seuns met stadsmeisies, maar die drie mans verongeluk en die een seun se vrou, Ruth, keer saam met haar skoonma terug na die plaas. Die hoogtepunt in die bundel is “Die dooie gans”, wat treffend daarin slaag om die broeiende onmin en beklemmende atmosfeer deur die konflik en ook die natuurbeskrywing uit te beeld. Dan word die onmenslike ondankbaarheid van die oudste seun in al sy afstootlikheid gesimboliseer deur die ‘geskenk’ van die dooie gans aan sy sterwende vader. Die keurkommissie vir die Hertzogprys vir 1936 voel dat beide hierdie werk en “Magte” eervolle vermelding verdien.
Die titel van “Magte” verwys na die stryd wat mense voer teen die magte wat die mens stadig vernietig. In die soeke na universele boodskappe word verskeie temas aangeraak wat op daardie tydstip buite die ervaringsveld van die gewone Afrikaner geval het. In die meeste verhale spartel die hooffigure in die wurggreep van ‘magte’ wat vir hulle te sterk is. In “Trofeë” moet ’n sewentigjarige grysaard, wat hartstogtelik lief is vir die jag, eindelik erken dat hy sy laaste trofee kamp-toe gebring het. “Die Vraag” beeld ’n aantal verminkte soldate uit wat na die Eerste Wêreldoorlog as hulpelose slagoffers terugkeer na Australië. “Die aarde wreek” beskryf die droewige lotgevalle van ’n aantal mense op ’n spogplaas waarop ’n geheimsinnige vloek rus. Faans Boshoff het naamlik die dogter van sy bywoner verlei, en haar sterwende vader het hom vervloek. In “Winkende liggies” kry Manie Ferreira myntering. Hy het as jongman ’n woeste lewe in die grootstad gelei, maar daarna getrou met ’n plaasnooi. Vir jare gaan dit goed, maar wanneer hy siek word kom daar verwydering tussen hom en sy vrou. Sy begeerte is dan om nog net eenmaal voor sy dood die plesier van die grootstad te geniet. In die slotverhaal “Elektra” sweer ’n vrou ’n gelofte om wraak aan haar sterwende vader, maar wanneer sy geleentheid kry om dit uit te voer, triomfeer haar liefde oor haar haat.
“Die oorlogskind en ander verhale” se temas sluit aan by dié van “Magte” en wentel hoofsaaklik rondom die lewensdoel, die lyding van die mens en die lewensmagte wat elkeen raak. Die verhale toon verdere vooruitgang in soberder styl en fyner suggestie. In die titelverhaal leef ’n ou Duitse egpaar in Suid-Afrika, nadat hulle hier ’n nuwe begin gemaak het om die verskrikkinge van die Eerste Wêreldoorlog te ontduik. Die arbeidstrots van die ou Duitser, Fritz, kry wel ’n knak omdat hy in sy nuwe vaderland nie ’n bestaan kan maak van sy spesialiteit, die maak van kunsledemate, nie en ook gewone skrynwerker moet wees. Hy leef net vir sy laatlammetjie, Günther, wat tydens die oorlog gebore is en in wie hy al sy ideale wil verwesenlik. Günther moet egter as soldaat in die nuwe oorlog teen sy eie volk en vorige vaderland gaan veg en keer blind terug, liggaamlik en geestelik platgeslaan. Hierdie ramp knak vir Fritz en vernietig sy laaste ideaal. Hy verf dan sy uithangbord dood sodat hy voortaan slegs skrynwerker is. In “Op die lewensrad” word die verhaal vertel deur middel van die dagboekinskrywings van ’n jong man, sy moeder en suster. Dit illustreer hoe ’n ongelukkige verlede drie mense wat saamwoon van mekaar kan vervreem. In “Sy plan” word die effek van verydelde planne en toekomsdrome ondersoek. ’n Jong man moet sy oorsese studies staak wanneer sy weldoener sterf. Op vernuftige wyse maak hy hierna ’n bestaan vir hom en sy gesin. Daar kom egter verwydering tussen hom, sy vrou en kind en hy maak weer ’n plan om hulle uit die ellende te verlos – hy pleeg selfmoord. Van sy kortkuns word in versamelbundels soos “Flitse” en “Uit dorp en veld” opgeneem.
Eerbewyse[wysig | wysig bron]
Sy taalstudie-kollegas vereer hom in 1973 met die gedenkbundel “Taalseminaar”. In 1963 ken die Akademie ’n Erepenning vir Afrikaanse Taal en Letterkunde aan hom toe ter erkenning van sy werk oor die Afrikaanse fonetiek.
Publikasies[wysig | wysig bron]
Jaar | Publikasies |
---|---|
Fiksie | |
1929 | Skakels van die ketting |
1934 | Ruth |
1936 | Magte |
1940 | Die oorlogskind en ander verhale |
Nie-fiksie | |
1927 | Afrikaanse fonetiek (saam met T.H. le Roux) |
1930 | Die fonoposotie en die fonotopie van die Afrikaanse afsluitings- en spraakmolekuul |
1939 | Praat u beskaaf? |
1947 | Die Afrikaanse spreektaal |
1951 | Opera en sanger |
Redakteur en samesteller | |
1936 | Verklarende Afrikaanse woordeboek (saam met M.S.B. Kritzinger e.a.) |
1941 | Engels-Afrikaanse fonetiese leesboek (saam met dr. A.G. Hooper) |
1945 | Uitspraakwoordeboek van Afrikaans (saam met T.H. le Roux) |
Kultuurgeskiedenis van die Afrikaner (saam met C.M. van den Heever) |
Bronnelys[wysig | wysig bron]
Boeke[wysig | wysig bron]
- Afrikaanse Pers-Boekhandel “Flitse” Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Tweede uitgawe Eerste druk 1965
- Antonissen, Rob “Die Afrikaanse letterkunde van aanvang tot hede” Nasou Beperk Derde hersiene uitgawe Tweede druk 1964
- Beukes, Gerhard J. en Lategan, F.V. “Skrywers en rigtings” J.L. van Schaik Bpk. Pretoria Eerste uitgawe 1952
- Dekker, G. “Afrikaanse Literatuurgeskiedenis” Nasou Beperk Kaapstad Elfde druk 1970
- Grové, A.P. “Letterkundige sakwoordeboek vir Afrikaans” Nasou Beperk Vyfde uitgawe Eerste druk 1988
- Kannemeyer, J.C. “Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 1” Academica, Pretoria en Kaapstad Tweede druk 1984
- Kannemeyer, J.C. “Die Afrikaanse literatuur 1652-2004” Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe 2005
- Kritzinger, M.S.B. “Ons jongste letterkunde” J.L. van Schaik Bpk. Pretoria Tweede druk 1940
- Lindenberg, E. (red.) “Inleiding tot die Afrikaanse letterkunde” Academica Pretoria en Kaapstad Vierde uitgawe Eerste druk 1973
- Nasionale Pers Beperk “Ons skrywers en hul werke: ’n Plate-album” Nasionale Pers Bpk. Kaapstad 1936
- Nienaber, P.J. “Die Hertzogprys Vyftig Jaar” Nasionale Boekhandel Kaapstad Eerste uitgawe 1965
- Nienaber, P.J. “Hier is ons skrywers!” Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Eerste uitgawe 1949
- Nienaber, P.J,; Senekal, J.H en Bothma, T.C. “Mylpale in die geskiedenis van die Afrikaanse letterkunde” Afrikaanse Pers-Boekhandel Tweede hersiene uitgawe 1963
- Nienaber, P.J. et al “Perspektief en Profiel” Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Derde hersiene uitgawe 1969
- Opperman, D.J. “Digters van Dertig” Nasou Beperk Kaapstad Eerste druk 1953
- Schoonees, P.C. “Die prosa van die tweede Afrikaanse beweging” J.H. de Bussy, Pretoria / Hollandsch- Afrikaansche Uitgevers Maatschappij v/h J. Dusseau & Co, Kaapstad 1939 (derde druk)
- Schoonees, P.C. “Tien jaar prosa” Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg 1950
- Van Coller, H.P. (red.) “Perspektief en Profiel Deel I” J.L. van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 1998
Tydskrifte en koerante[wysig | wysig bron]
- Botha, Elize “P. de V. Pienaar oorlede” “Tydskrif vir Letterkunde” Nuwe reeks 16 no. 4, November 1978
- Van Heerden, Ernst “Die beste Afrikaanse prosawerke van die jaar” “Jaarboek van die Afrikaanse Skrywerskring” Johannesburg 1941
Internet[wysig | wysig bron]
- Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Pienaar,_Pierre_de_Viliers
- Remembered: http://remembered.co.za/obituary/view/3321
- Worldcat: http://www.worldcat.org/identities/lccn-n84-125147/
Ongepubliseerde dokumente[wysig | wysig bron]
- Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) Bloemfontein “Pienaar, prof. dr. Pierre de Villiers – Biografie”
Resensies[wysig | wysig bron]
- Dekker, G. “Nuwe Brandwag” Deel 1 no. 4, November 1929
- Kritzinger, M.S.B. “Oor skrywers en boeke” J.L. van Schaik Bpk. Pretoria Eerste uitgawe 1932
- Rademeyer, J.H. “Nuwe Brandwag” Deel 1 no. 4, November 1929
|
<urn:uuid:935d338b-01b2-4a3a-8dfe-b972895c0216>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/P._de_V._Pienaar
|
2019-07-23T05:17:21Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00186.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999992
| false
|
Zagreb
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Kroasië |
Koördinate | |
Stigting | 1094 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 641,29 vk km |
Hoogte bo seevlak | 158 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2011) | 792 875 |
- Bevolkingsdigtheid | 1 200/vk km |
- Metropolitaanse gebied | 1 113 111 |
Etniese groepe: | |
- Kroate | 91,94% |
- Serwiërs | 2,41% |
- Bosniake | 0,8% |
- Ander | minder as 8% |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 (MEST) |
Burgemeester | Milan Bandić |
Amptelike Webwerf | zagreb.hr |
Zagreb (Kroaties: ['zaːgrɛb], ; Duits soms ook Agram, veral in Oostenryk) is die hoofstad en grootste stad van Kroasië. Die stad in die gebied Hrvatsko Prigorje in die suidweste van die Pannoniese Laagvlakte het langs die oewers van die Savarivier uitgebrei en aan die voet van die Medvednica-gebergte uitgebrei. Zagreb is die setel van 'n Rooms-Katolieke aartsbiskop.
Die etimologie van die stadsnaam is onduidelik. Dit is moontlik afgelei van zagrabiti ("water skep"), terwyl ander bronne die Kroatiese term za grebom ("agter die berg") as sy oorsprong gee. Zagreb het in elk geval uit twee nabygeleë Middeleeuse nedersettings ontstaan wat op twee heuwels geleë was. Volgens historiese dokumente is die plaaslike bisdom reeds in 1094 gestig.
Die huidige Zagreb weerspieël met sy klassisistiese en Jugendstil- of Art Nouveau-boukuns in die stadsentrum nog steeds die gees van die voormalige Oostenryks-Hongaarse monargie. Ook die meeste kulturele en historiese besienswaardighede soos die Nieu-Gotiese katedraal Maria Hemelvaart uit die 11de eeu is in die binnestad saamgetrek.
|
<urn:uuid:7d27d76b-ad7d-41ea-a9be-b92c5d7e5f8b>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Zagreb
|
2019-07-15T18:49:01Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195523840.34/warc/CC-MAIN-20190715175205-20190715201205-00370.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999531
| false
|
Kategorie:Liedartikels sonder liedskrywers
Hierdie is 'n versteekte kategorie Dit kategoriseer bladsye vir administratiewe doeleindes. Dit vorm nie deel van die ensiklopedie nie. |
This category is for articles about songs where the article is missing the songwriters, because it has not been researched, noted in the relevant article, or available in a reliable source. If the songwriter is never likely to be known (e.g. for historical works), please use Category:Songwriter unknown.
Hierdie kategorie bevat geen bladsye of media nie.
|
<urn:uuid:e3db69b3-9e49-42ed-9632-4f9ddad694f0>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Liedartikels_sonder_liedskrywers?from=S
|
2019-07-16T22:44:02Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00530.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.909397
| false
|
Bladsygeskiedenis
17 Januarie 2019
7 September 2018
18 November 2017
3 Oktober 2016
Wysigings deur 2A02:908:FD33:3000:D971:89D:218F:C7F0 teruggerol na laaste weergawe deur JCIV
k-11
geen wysigingsopsomming nie
+11
SpesBona
Wysigings deur 2A02:908:FD33:3000:D971:89D:218F:C7F0 teruggerol na laaste weergawe deur JCIV
k18:00
-11
2a02:908:fd33:3000:d971:89d:218f:c7f0
geen wysigingsopsomming nie
12:44
+11
|
<urn:uuid:846dfcf4-d18f-4613-beed-e7ffdf018d5b>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Geskiedenis/Duitsers
|
2019-07-19T10:15:48Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00290.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.993655
| false
|
Witrugeend
Witrugeend | ||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Bewaringstatus | ||||||||||||||||||
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||||||||||
Binomiale naam | ||||||||||||||||||
Thalassornis leuconotus Eyton, 1838 | ||||||||||||||||||
Subspesies | ||||||||||||||||||
Inhoud
IdentifikasieWysig
Dit is 'n ronde, stewige eendjie van 38–40 cm. Sy massa is ongeveer 625 tot 800 gram.
Die witrugeend het 'n gevlekte bruin rug en 'n relatief groot kop met 'n vaal vlek op die basis van die snawel. In vlug kan die wit rug waargeneem word. Geen onderskeid tussen manlik, vroulike en onvolwasse voëls nie.
HabitatWysig
Die habitat is hoofsaaklik varswaterdamme en vleiland. Hierdie eende is goed aangepas vir duik en duiktye tot 'n halfminuut is al waargeneem waarby soveel as 65 meter afgelê word. Hulle is sku en hou gewoonlik van riete om agter te skuil.
DieetWysig
Die eende eet hoofsaaklik plantmateriaal, veral sade en blare, jong eende eet ook ruspes en inseklarwes.
VerspreidingWysig
Die witrugeend kom veral in die oostelike dele van Suider-Afrika voor.
GeluidWysig
Die eend uiter 'n lae-noot fluit.
SubspesiesWysig
- T. l. leuconotus
- T. l. insularis
Ander nameWysig
- Engelse naam: White-backed Duck
- Wetenskaplike naam: Thalassornis leuconotus
Sien ookWysig
BronnelysWysig
- KENNIS, vol 14, 1980, bl. 2898-2899, ISBN 0 7981 0836 3
|
<urn:uuid:b8babd5b-7abd-4232-a84d-52b0da19ea67>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Thalassornis_leuconotus
|
2019-07-19T10:36:59Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00290.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.998478
| false
|
Pous Sergius
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation
Jump to search
Pous Sergius
kan verwys na 'n aantal
pouse
van die
Rooms-Katolieke Kerk
nl:
Pous Sergius I
(
687
–
701
).
Pous Sergius II
(
844
–
847
).
Pous Sergius III
(
904
-
911
)
Pous Sergius IV
(
1009
–
1012
).
Hierdie is ’n
dubbelsinnigheidsbladsy
: ’n lys van artikels wat met dieselfde titel geassosieer word. Indien ’n interne skakel u hierheen verwys het, kan u gerus daardie skakel verander sodat dit direk na die gewenste artikel wys.
Wys alle artikels waarvan die titel
begin met
Pous Sergius
of
met
Pous Sergius
in die titel
.
Ontsluit van "
https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Pous_Sergius&oldid=1118293
"
Kategorieë
:
Dubbelsinnig
Pouse
Navigasie-keuseskerm
Persoonlike gereedskap
Nie ingeteken nie
Bespreking
Bydraes
Skep gebruiker
Meld aan
Naamruimtes
Bladsy
Bespreking
Variante
Weergawes
Lees
Wysig
Wysig bron
Wys geskiedenis
Meer
Soek
Navigasie
Tuisblad
Gebruikersportaal
Geselshoekie
Onlangse wysigings
Lukrake bladsy
Hulp
Sandput
Skenkings
Druk/eksporteer
Skep boek
Laai af as PDF
Drukbare weergawe
Gereedskap
Skakels hierheen
Verwante veranderings
Spesiale bladsye
Permanente skakel
Bladinligting
Wikidata-item
Haal dié blad aan
Ander tale
Čeština
English
Bahasa Indonesia
Ilokano
Italiano
Македонски
Português
Slovenščina
Tiếng Việt
Wysig skakels
Die bladsy is laas op 8 Maart 2013 om 20:53 bygewerk.
Die teks is beskikbaar onder die lisensie
Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel
. Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die
Algemene Voorwaardes
vir meer inligting.
Privaatheidsbeleid
Inligting oor Wikipedia
Vrywaring
Ontwikkelaars
Koekieverklaring
Selfoonweergawe
|
<urn:uuid:a0571162-742d-4649-a58d-5fd76e9eb89e>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Pous_Sergius
|
2019-07-21T23:19:03Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527396.78/warc/CC-MAIN-20190721225759-20190722011759-00050.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999575
| false
|
Frédéric Chopin
Frédéric Chopin | ||
---|---|---|
Frédéric Chopin in 1835 | ||
Geboortenaam | Fryderyk Franciszek Chopin | |
Alias | Frédéric François Chopin | |
Geboorte | 1 Maart 1810 Żelazowa Wola (Pole) | |
Afsterwe | 17 Oktober 1849 Parys (Frankryk) | |
Beroep(e) | Pianis, komponis | |
Genre(s) | Klassiek, Romantiek | |
Instrument(e) | Klavier | |
Musiekportaal |
Frédéric François Chopin (1 Maart 1810 – 17 Oktober 1849), gebore Fryderyk Franciszek Chopin,[1] was 'n Poolse pianis en komponis van romantiekmusiek. Hy is een van die bekendste skeppers van klaviermusiek. Hy is ook bekend vir sy liefdesverhouding met die Franse skryfster George Sand.[2]
Verwysings en voetnotas[wysig | wysig bron]
- Szopen is 'n alternatiewe, fonetiese spelwyse.
- HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
Sien ook[wysig | wysig bron]
Eksterne skakels[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband met Frédéric Chopin. |
|
<urn:uuid:f55bef55-30ce-45d8-8036-ac028b3480a2>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Fr%C3%A9d%C3%A9ric_Chopin
|
2019-07-23T05:14:11Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00210.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.995691
| false
|
Die wolhaarmammoet was die laaste spesie van die genus. Hulle het saam met die vroeë [[mens]]e voorgekom, en dié het die diere se bene en slagtande gebruik om kuns, gereedskap en blyplekke te skep, en hulle het die vleis geëet.
Die spesie het sowat 10 000 jaar gelede, aan die einde van die Pleistoseen en die huidige [[ystydperk]] se [[laaste glasiale tyd]], van die vasteland af verdwyn – waarskynlik weens klimaatsveranderings en die gevolglike krimping van sy habitat of omdat hy deur mense gejag is, of ’n kombinasie daarvan. Geïsoleerde groepe het tot sowat 6 400 jaar gelede op St. Paulus-eiland naby [[Alaska]] en tot 4 000 jaar gelede op Wrangel-eilandWrangeleiland naby [[Siberië]] voorgekom. Nadat die diere uitgesterf het, het mense voortgegaan om hul [[ivoor]] te gebruik – ’n praktyk wat vandag nog voortduur.
|
<urn:uuid:cfa96bc8-3ed0-4a49-b688-f91128fd0833>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/1585769
|
2019-07-15T18:50:32Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195523840.34/warc/CC-MAIN-20190715175205-20190715201205-00394.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 1.000008
| false
|
Hermes
Hermes | |
---|---|
Griekse Olimpiese god | |
Naam | Hermes |
God van | handel, diewe, reisigers, sport; boodskapper van die gode |
Blyplek | Die berg Olimpus |
Simbool | Boodskapperstaf, sandale met vlerke, skilpad |
Ouers | Zeus en Maia |
Kinders | Eros, Pan, Hermafroditos, Tyche, Abderos, Autolukos |
Romeinse eweknie | Mercurius |
Hermes (Grieks: Ἑρμῆς) is in die Griekse mitologie die groot boodskapper van die gode asook ’n gids na die onderwêreld. Hy was een van die twaalf Olimpiese gode wat op die berg Olimpus gewoon het. Hermes was die beskermer van grense en van die reisigers wat hulle oorgesteek het, van herders, diewe, leuenaars letterkunde, atlete, handel, en mate en gewigte.[1]
Hermes het boodskappe van die Olimpiese gode na die mens gebring; hy het skoene met vlerke gedra sodat hy tussen die twee wêrelde kon rondvlieg. Hy het ook as gids opgetree vir afgestorwenes na die onderwêreld. In baie Griekse mites was hy die enigste god naas Hades, Persefone, Hekate en Tanatos wat die onderwêreld ongehinderd kon binnegaan en verlaat.
Verwysings[wysig | wysig bron]
- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Hermes
- Walter Burkert, Greek Religion 1985 seksie III.2.8; "Hermes." Encyclopedia Mythica van Encyclopedia Mythica Online. URL besoek op 4 Oktober 2006.
- Burkert, Walter, 1985. Greek Religion (Harvard University Press)
- Kerenyi, Karl, 1944. Hermes der Seelenführer.
|
<urn:uuid:350e8ac1-8c5a-4b5f-8d12-f6fcb9c86736>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Hermes
|
2019-07-16T23:33:35Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524972.66/warc/CC-MAIN-20190716221441-20190717003441-00554.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999843
| false
|
Verwante veranderings
← Umbrië
Jump to navigation
Jump to search
Tik 'n bladsynaam om veranderinge aan bladsye te sien wat daarvan of daarheen skakel. (Om inskrywings van 'n kategorie te sien, tik Kategorie:Naam van kategorie). Veranderinge aan bladsye op u dophoulys word in vetdruk aangedui.
Lys van afkortings:
- N
- Met die wysiging is 'n nuwe bladsy geskep. (sien ook die lys van nuwe bladsye)
- k
- Hierdie is 'n klein wysiging
- b
- Hierdie wysiging is deur 'n bot gemaak
- D
- Wikidata-wysiging
- (±123)
- Bladsy is met die aantal grepe gewysig
|
<urn:uuid:d9a01abc-bcd2-4c2d-9e11-e7daa0158acd>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:OnlangseVeranderingsMetSkakels/Umbri%C3%AB
|
2019-07-18T05:33:04Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525500.21/warc/CC-MAIN-20190718042531-20190718064531-00154.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999999
| false
|
Kategorie:Liedartikels sonder liedskrywers
Hierdie is 'n versteekte kategorie Dit kategoriseer bladsye vir administratiewe doeleindes. Dit vorm nie deel van die ensiklopedie nie. |
This category is for articles about songs where the article is missing the songwriters, because it has not been researched, noted in the relevant article, or available in a reliable source. If the songwriter is never likely to be known (e.g. for historical works), please use Category:Songwriter unknown.
Hierdie kategorie bevat geen bladsye of media nie.
|
<urn:uuid:5472b1d6-315f-4668-95f3-b0af32252f63>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Liedartikels_sonder_liedskrywers?from=Qj
|
2019-07-19T11:01:36Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00314.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.909397
| false
|
Verdrag van Windsor (1386)
Die Verdrag van Windsor is as diplomatieke alliansie tussen die koninkryke van Portugal en Engeland op 9 Mei 1386 in Windsor onderteken en beseël met die huwelik tussen koning Johannes van Portugal I (uit die Huis van Aviz) met Philippa van Lancaster, dogter van Jan van Gent (Engels: John of Gaunt), 1ste hertog van Lancaster.
Met sy oorwinning in die Slag van Aljubarrota, waartydens hy deur Engelse boogskutters ondersteun is, is Johannes I (Portugees: João I) as onbetwiste heerser oor Portugal erken en die politieke krisis van die interregnum tussen 1383 en 1385 beëindig. Die bestaande Engels-Portugese alliansie is met die Verdrag van Windsor formeel bekragtig. Die historiese dokument word tans in die Nasionale Argiewe van Portugal bewaar.
|
<urn:uuid:4a6999b4-0c6a-47d6-aecc-0e7798c1a5f5>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Verdrag_van_Windsor_(1386)
|
2019-07-19T10:22:57Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00314.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.998646
| false
|
Kategorie:Wikipedia-artikels met ULAN-identifiseerders
Jump to navigation
Jump to search
(vorige bladsy) (volgende bladsy)
Vir meer inligting, sien Wikipedia:Gesagbeheer.
Hierdie is 'n versteekte kategorie Dit kategoriseer bladsye vir administratiewe doeleindes. Dit vorm nie deel van die ensiklopedie nie. |
Bladsye in kategorie "Wikipedia-artikels met ULAN-identifiseerders"
Die volgende 52 bladsye is in hierdie kategorie, uit 'n totaal van 1 018.
(vorige bladsy) (volgende bladsy)W
- Zacharias Wagenaer
- Richard Wagner
- Andrzej Wajda
- Horace Walpole
- Walter Gropius
- Sam Wanamaker
- Andy Warhol
- George Washington
- Wiktor Wasnetsof
- John Waters
- James Watt
- Wawel-katedraal
- Orson Welles
- Arthur Wellesley, 1ste hertog van Wellington
- Wim Wenders
- Pieter Wenning
- Wêreldgesondheidsorganisasie
- Wêreldhandelsorganisasie
- Julius Charles Wernher
- Westminster-abdy
- Walt Whitman
- Sytze Wierda
- Oscar Wilde
- Wilhelm Dilthey
- Willem I van Engeland
- Willem III van Engeland
- William Faulkner
- William IV van die Verenigde Koninkryk
- William Shakespeare
- Ludwig Wittgenstein
- Jefgeni Woetsjetitsj
- Tom Wolfe
- Maksimilian Wolosjin
- Garnet Wolseley
- Richard Caton Woodville
- William Wordsworth
- Mary Woronov
- Frank Lloyd Wright
|
<urn:uuid:b7e4875c-556c-41f5-a653-4275a9a4bd3d>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Wikipedia-artikels_met_ULAN-identifiseerders?from=Vl
|
2019-07-20T15:56:58Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526536.46/warc/CC-MAIN-20190720153215-20190720175215-00474.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.983048
| false
|
Boekbronne
Jump to navigation
Jump to search
Biblioteke
Suid-Afrika:
- Soek die boek in die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika se katalogus
- Soek die boek in die SEALS Konsortium se biblioteek
- Soek die boek in die Universiteit van Suid-Afrika se biblioteek
- Soek die boek in die Universiteit van die Witwatersrand se biblioteek
- Soek die boek in die Kaapse Hoër Onderwys Konsortium se biblioteek
Wêreldwyd:
- Soek die boek deur WorldCat in jou plaaslike biblioteek se katalogus
Boekwinkels
Suid-Afrika:
Ander lande:
|
<urn:uuid:c37ece60-3c41-464d-b0b8-f022641c867b>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Boekbronne/978-1-60344-760-7
|
2019-07-20T15:57:12Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526536.46/warc/CC-MAIN-20190720153215-20190720175215-00474.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999935
| false
|
Megazostrodon
Megazostrodon Tydperk: Laat Trias – Vroeë Jura 230–170 m. jaar gelede | ||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
’n Model van Megazostrodon in die Natuurhistoriese Museum, Londen. | ||||||||||||
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||||
Tipe-spesie | ||||||||||||
Megazostrodon is ’n uitgestorwe Mammaliaformes wat algemeen beskou word as een van die eerste soogdiere. Dit het aan die einde van die Trias-periode, sowat 200 miljoen jaar gelede, in die fossielrekords verskyn.[1] Daar was klein verskille tussen hulle en soogdiere,[2] maar nie genoeg om die idee te staaf dat hulle moontlik die finale stadium van die oorgang tussen sinodonte en ware soogdiere verteenwoordig nie.[3]
Die tipe-spesie, Megazostrodon rudnerae, is in Desember 1966 deur Ione Rudner, ’n Afrikaanssprekende huisvrou van Bergvliet, Kaapstad, naby die Suid-Afrikaanse grens in Lesotho ontdek. Dit is deur die paleontoloog dr. A.W. Crompton van die Natuurkundemuseum van Peabody, Universiteit van Yale, as "die vonds van die dekade" bestempel. Baie kenners het destyds gemeen dit is die oudste soogdierfossiel wat tot toe ontdek is en dit is as ’n belangrike stukkie getuienis beskou in die verhaal van die lewe op aarde.
Rudner het die fossiel ontdek terwyl sy saam met ervare paleontoloë van die Britse Museum gewerk het.
Megazostrodon rudnerae was baie klein, net 'n paar sentimeter lank, en het geleef in die tyd toe die dinosourusse vinnig besig was om die heersers van die aarde te word.
Dwarsdeur die Mesosoïkum, toe die dinosourusse oor die aarde geheers het, was soogdiere klein en redelik onbeduidend. Maar omtrent 70 miljoen jaar gelede het die dinosourusse begin uitsterf en het die tydperk van die soogdiere begin. Dit staan bekend as die Kainosoïkum.
|
<urn:uuid:6bcb59f5-5e56-4619-ac99-860d6bf01dff>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Megazostrodon
|
2019-07-21T23:25:17Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527396.78/warc/CC-MAIN-20190721225759-20190722011759-00074.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999946
| true
|
17 Maart
Jump to navigation
Jump to search
<< | Maart 2019 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
31 | ||||||
Al die dae |
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 45 v.C. – Julius Caesar behaal sy finale oorwinning in die Slag van Munda waar hy die Optimatemagte van Titus Labienus en Gnaeus Pompeius verslaan.
- 1183 – Pous Lucius III gee kwytskelding aan koning Willem I van Skotland en stuur vir hom die Orde van die Goue Roos.
- 1560 – Antonio Ghislieri (later Pous Pius V) word biskop van Mondovi en Piëmont.
- 1756 – Pous Benedictus XIV verklaar Fortis Gabrielli salig.
- 1861 – Die koninkryk Italië word geproklameer. Victor Emmanuel word koning.
- 1901 – 'n Uitstalling van 71 skilderye deur Vincent van Gogh veroorsaak 'n opskudding in Parys, 11 jaar na sy dood.
- 1958 – Vanguard 1, die eerste sonkragaangedrewe satelliet, word gelanseer. Dit is die oudste mensgemaakte voorwerp wat vandag nog in die ruimte is.
- 1959 – Tenzin Gyatso, die 14de en huidige Dalai Lama, vlug uit Tibet na Indië.
- 1966 – Die eerste studente word geregistreer aan die Universiteit van Zambië.
- 1969 – Golda Meir van die Arbeiders Party word die vierde Eerste Minister van Israel.
- 1970 – 14 offisiere word aangekla vir die bedwinging van inligting oor die My Lai-menseslagting.
- 1992 – Suid-Afrikaanse referendum van 1992 vind plaas.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 1863 – Dr. Frans Engelenburg, Suid-Afrikaanse joernalis en koerantredakteur en twee maal voorsitter van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns († 21 Augustus 1938)
- 1897 – Ferdinand von Sammern-Frankenegg, Duitse soldaat († 20 September 1943).
- 1919 – Nat King Cole, Amerikaanse sanger († 1965).
- 1938 – Rudolf Nureyev, Russiese balletdanser († 1993).
- 1939 – Ollie Viljoen, Afrikaanse musikant en storieverteller († 2014).
- 1949 – Patrick Duffy, Amerikaanse akteur.
- 1951 – Kurt Russell, Amerikaanse akteur.
- 1964 – Rob Lowe, Amerikaanse akteur.
- 1982 – Steven Pienaar, Suid-Afrikaanse sokkerspeler.
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 180 – Markus Aurelius, Romeinse keiser (* 121).
- 1957 – Ramon Magsaysay, Filippynse politikus en president (* 1907).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband met 17 March. |
|
<urn:uuid:483b896b-81ff-48fa-8f29-495c4f54ef35>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/17_Maart
|
2019-07-23T05:25:54Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00234.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999059
| false
|
NGC 3
Jump to navigation
Jump to search
NGC 3 | ||||
’n 2MASS-beeld van NGC 3. | ||||
Soort stelsel | Lensvormige sterrestelsel | |||
Sterrebeeld | Visse | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 00h 07m 16.8s[1] | |||
Deklinasie | +08° 18′ 06″[1] | |||
Skynmagnitude (m) | 13,4[1] | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 179,3 miljoen | |||
Skynbare grootte | 1,1' × 0,6'[1] | |||
Rooiverskuiwing | 3 900 ± 50 km/ | |||
Ander name | UGC 58, PGC 565, GC 5080 | |||
Lugkoördinate | ||||
00h 07m 16.8s, +08° 18′ 06″ | ||||
Verwysings[wysig | wysig bron]
- "NASA/IPAC Extragalactic Database". Results for NGC 0003. Besoek op 2006-11-04.
|
<urn:uuid:8e5d7e53-af1c-4d33-9eb0-e216d718c7b8>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/NGC_3
|
2019-07-23T05:13:56Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00234.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.913616
| false
|
Sjabloonbespreking:Noordwes Munisipaliteite
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation
Jump to search
Ontsluit van "
https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Sjabloonbespreking:Noordwes_Munisipaliteite&oldid=1289032
"
Navigasie-keuseskerm
Persoonlike gereedskap
Nie ingeteken nie
Bespreking
Bydraes
Skep gebruiker
Meld aan
Naamruimtes
Sjabloon
Bespreking
Variante
Weergawes
Lees
Wysig bron
Nuwe onderwerp
Wys geskiedenis
Meer
Soek
Navigasie
Tuisblad
Gebruikersportaal
Geselshoekie
Onlangse wysigings
Lukrake bladsy
Hulp
Sandput
Skenkings
Print/export
Download as PDF
Gereedskap
Skakels hierheen
Verwante veranderings
Spesiale bladsye
Permanente skakel
Bladinligting
Ander tale
Die bladsy is laas op 8 September 2014 om 07:25 bygewerk.
Die teks is beskikbaar onder die lisensie
Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel
. Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die
Algemene Voorwaardes
vir meer inligting.
Privaatheidsbeleid
Inligting oor Wikipedia
Vrywaring
Ontwikkelaars
Koekieverklaring
Selfoonweergawe
|
<urn:uuid:80b3b737-fa82-478b-9672-cbf36e988ed6>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Sjabloonbespreking:Noordwes_Munisipaliteite
|
2019-07-23T05:20:52Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00234.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999364
| false
|
Bespreking:Regte lysters
Jump to navigation
Jump to search
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Regte lysters-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. |
Artikelriglyne
Daaglikse bladtrekke | |
|
<urn:uuid:8f7c2435-d4bf-48ea-9bc9-d755550f76aa>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Regte_lysters
|
2019-07-18T04:55:34Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525500.21/warc/CC-MAIN-20190718042531-20190718064531-00178.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 1
| false
|
Boekbronne
Jump to navigation
Jump to search
Biblioteke
Suid-Afrika:
- Soek die boek in die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika se katalogus
- Soek die boek in die SEALS Konsortium se biblioteek
- Soek die boek in die Universiteit van Suid-Afrika se biblioteek
- Soek die boek in die Universiteit van die Witwatersrand se biblioteek
- Soek die boek in die Kaapse Hoër Onderwys Konsortium se biblioteek
Wêreldwyd:
- Soek die boek deur WorldCat in jou plaaslike biblioteek se katalogus
Boekwinkels
Suid-Afrika:
Ander lande:
|
<urn:uuid:29211ffc-9a1b-4c6e-a3d7-28554186f868>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Boekbronne/0-313-29911-0
|
2019-07-18T05:08:33Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525500.21/warc/CC-MAIN-20190718042531-20190718064531-00178.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999935
| false
|
Byna-bedreigde spesie
Bewaringstatus |
---|
Risiko om uit sterf |
Uitgestorwe |
Bedreig |
Laer risiko |
Sien ook |
’n Byna-bedreigde spesie is ’n spesie op die IUBN-rooilys, die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur en Natuurlike Hulpbronne se lys van bewaringstatus, wat bedreig word deur moontlike uitsterwing in die nabye toekoms, hoewel dit nie tans kwalifiseer vir bedreigde status nie. Die IUBN glo dis belangrik dat dié status van tyd tot tyd hersien word.
Die eienskappe van byna-bedreigde spesies is min of meer dieselfde as vir kwesbare spesies, soos die bedreiging van hul voortbestaan en voortplanting. Vanaf 2001 sluit dit ook spesies in wat afhanklik is van bewaringspogings om te keer dat hulle bedreigde status verwerf.
Eksterne skakels[wysig | wysig bron]
- List of Near Threatened species as identified by the IUCN Red List of Threatened Species
|
<urn:uuid:e5daf6b9-7429-46b1-82c3-c7a3e5085db0>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Byna-bedreigde_spesie
|
2019-07-19T10:35:28Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00338.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999999
| false
|
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2030
Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind. Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak. |
Die 24ste FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Engels: FIFA World Cup) sal in Junie en Julie 2030 aangebied word. FIFA sal in November 2022, net voor die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022 in Katar, aankondig watter land(e) die toernooi gaan organiseer. Nes die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2026 sal dit deur 48 nasionale sokkerspanne uitgespook word, insluitend dié van die gasheerland(e).[1] Dit sal presies 100 jaar ná die eerste FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1930 in Montevideo, Uruguay, gehou word.
2030 FIFA World Cup | |
---|---|
Toernooi-inligting | |
Datums | Junie – Julie |
Spanne | 48 (van 6 konfederasies) |
← 2026 2034 → |
Kandidate vir gasheer is 'n gemeenskaplike bod deur Uruguay, Argentinië, Paraguay en Chili.[2] Ander moontlike kandidate sluit in Colombia, Engeland, asook 'n gemeenskaplike bod deur Australië en Nieu-Seeland. Volgens FIFA se beleid mag net al om die drie toernooie in dieselfde kontinentale organisasie gehou word, dus is lande van AFC en CONCACAF onverkiesbaar vir 2030, omdat die toernooi van 2022 aan Katar en die toernooi van 2026 aan Kanada, Meksiko en die Verenigde State toegewys is.
Bevestigde plan om te bidWysig
Belangstelling aangekondigWysig
VerwysingsWysig
- ( ) "Unanimous decision expands FIFA World Cup™ to 48 teams from 2026". FIFA.com. Fédération Internationale de Football Association. 10 Januarie 2017. Besoek op 15 Februarie 2019.
- ( ) "Chile joins Argentina, Uruguay and Paraguay in World Cup bid". Reuters. 15 Februarie 2019. Besoek op 15 Februarie 2019.
- ( ) "Zetchi : Pour une coupe du monde "Algérie-Tunisie-Maroc" en 2030". Algerie Direct. 13 Junie 2018. Besoek op 15 Februarie 2019.
- ( ) "Bulgaria, Romania, Serbia, Greece eye joint bid for hosting 2030 FIFA World Cup". seenews.com. 2 November 2018. Besoek op 15 Februarie 2019.
- ( ) "Serbia is running for candidacy for hosting the European Championship and World Cup". bizlife.rs. 26 November 2018. Besoek op 15 Februarie 2019.
- ( ) "Spain offers Morocco joint bid with Portugal for 2030 FIFA World Cup". El País English. 20 November 2018. Besoek op 15 Februarie 2019.
- ( ) "Cameroonian Candidate Wants to Rival Morocco for World Cup 2030". FourFourTwo. 28 Augustus 2018. Besoek op 15 Februarie 2019.
- ( ) "EGYPT PLANNING TO BID TO HOST 2030 WORLD CUP". FourFourTwo. 10 Julie 2018.
- ( ) "FA in talks with home nations over UK-wide bid to host 2030 World Cup". The Guardian. 14 Junie 2018. Besoek op 15 Februarie 2019.
- ( ) "Ireland in talks over joining 2030 World Cup bid". The Times. 4 September 2018. Besoek op 15 Februarie 2019.
- ( ) "FA preparing bid for 2030 World Cup – but rule out hosting 2022 should Qatar be stripped of tournament". The Independent. 30 September 2018. Besoek op 15 Februarie 2019.
- ( ) "World Cup 2030: Football Association of Ireland enter joint bid discussions". BBC. 19 September 2018. Besoek op 15 Februarie 2019.
- ( Shin, Hyonhee (18 Junie 2018). ) "North Koreans likely to tune in and support South Korea in World Cup, defectors say". Reuters. Besoek op 15 Februarie 2019.
|
<urn:uuid:ace77802-7179-4a88-a75e-9fe95ed25f13>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/FIFA_Sokker-W%C3%AAreldbekertoernooi_in_2030
|
2019-07-20T16:21:57Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526536.46/warc/CC-MAIN-20190720153215-20190720175215-00498.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.986205
| false
|
Maak hoofkeuseskerm oop
Soek
Wysigings
← Ouer wysiging
Nuwer wysiging →
30 Desember
(wysig)
Wysiging soos op 00:11, 12 Mei 2011
31 grepe bygevoeg
,
8 jaar gelede
k
r2.7.1) (robot Bygevoeg:
dv:ޑިސެމްބަރު 30
[[da:30. december]]
[[de:30. Dezember]]
[[dv:ޑިސެމްބަރު 30]]
[[el:30 Δεκεμβρίου]]
[[en:December 30]]
WikitanvirBot
Robotte
15 434
wysigings
Ontsluit van "
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/776108
"
|
<urn:uuid:1951c97b-8225-4087-b911-8adee790b1a4>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/776108
|
2019-07-20T16:00:20Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526536.46/warc/CC-MAIN-20190720153215-20190720175215-00498.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.953144
| false
|
Wikipedia:Ensiklopediese relevansie
Binne Wikipedia bepaal die noemenswaardigheid of relevansie van 'n onderwerp of dit 'n eie artikel verdien. Hierdie "ensiklopediese relevansie" berus nie noodwendig op beroemdheid, belangrikheid of gewildheid, alhoewel hierdie dinge gewoonlik bydra tot die ensiklopediese relevansie van 'n artikel, soos onder beskryf.
Die riglyne komplementeer dié in Wat Wikipedia nie is nie, Geen oorspronklike navorsing en Verifieerbaarheid. Hierdie bladsy is nie bedoel om die inhoud van 'n artikel te beperk nie, maar bloot om vas te stel of die onderwerp 'n artikel verdien.
Inhoud
Basiese beginsels[wysig bron]
Grondbeginsel[wysig bron]
Sodra 'n onderwerp aansienlike dekking in geldige bronne geniet het, waar die bron onafhanklik van die onderwerp is, kan daar aanvaar word dat die onderwerp vir 'n eie artikel kwalifiseer.
- aansienlike dekking beteken dat die bronne die onderwerp direk en in detail behandel, sodat geen oorspronklike navorsing nodig is om artikelinhoud te verkry nie. Aansienlike dekking is geensins 'n vlugtige of oppervlakkige verwysing nie, maar dit hoef nie telkens die hoofonderwerp in die bronmateriaal te wees nie.
- geldig verwys na bronne met redaksionele integriteit wat die verifieerbare evaluasie van relevansie moontlik maak.
- bronne in hierdie geval is tweedehandse bronne, siende dat hulle die objektiefste bewyse van relevansie bied. Die hoeveelheid bronne nodig hang van die hoeveelheid dekking wat elke bron bied, asook die kwaliteit van die bron. Verskeie bronne wat van dieselfde outeur/organisasie afkomstig is word as een bron gesien. Meerdere bronne word verwag, alhoewel sommige spesialistiese onderwerpe verstaanbaar deur minder bronne gedek sal word.
- onafhanklik van die onderwerp sluit werke wat op een of ander wyse met die onderwerp geaffilieer is uit, soos byvoorbeeld self gepubliseerde werke, advertensies, outobiografieë, persverklarings, ens..
- kan daar aanvaar word beteken dat aansienlike dekking in geldige bronne veronderstel dat die onderwerp by die ensiklopedie ingesluit kan word, maar dat dit geen waarborg is nie. Artikels wat byvoorbeeld aan bostaande kriteria voldoen, maar steeds skuldig is van oortredings in ander beleide/riglyne, mag uiteindelik deur die gemeenskap verwyder word.
Onderwerpe wat slegs gedeeltelik aan hierdie beginsel voldoen, is moontlik gepas vir insluiting by ander artikels.
Let wel: die bewyslas berus by die outeur van die artikel en nie by lesers wat die inhoud/onderwerp bevraagteken nie.
Ensiklopediese relevansie is nie tydelik nie[wysig bron]
'n Onderwerp kan nie slegs vir 'n kort periode relevant tot die ensiklopedie wees nie: alhoewel aansienlike dekking gevra word, hoef dit geensins voortdurende dekking te wees nie. Dit is egter belangrik om te onthou dat Wikipedia nie 'n nuusbron is nie: dit benodig meer as 'n kort reeks nuusverslae oor 'n gebeurtenis of onderwerp om voldoende bewys vir relevansie te hê, veral vir persone wat vir slegs een gebeurtenis bekend is.
Relevansie kan ook nie voorspel word nie. 'n Onderwerp wat nie vandag ensiklopedies relevant is nie, kan dit wel oor 'n jaar of tien wees. Artikels moet egter ook nie geskep word met die verwagting dat die onderwerp in die toekoms noemenswaardig gaan word nie.
Artikels wat nie aan hierdie riglyne voldoen nie[wysig bron]
Enige artikel behoort die ensiklopedies relevansie van sy onderwerp te noem en te bewys, maar daar is talle artikels waar dit nie die geval is nie. Artikels oor onderwerpe wat nie aan hierdie kriteria voldoen nie word gewoonlik verwyder, maar dit is belangrik om nie net te bepaal of 'n artikel wel relevant is nie, maar ook of dit moontlik relevant gemaak kan word. Onthou dat alle Wikipedia-artikels nie voltooi is nie, en dat 'n artikel relevant kan raak sodra bronne bygevoeg word. Daar moet dus bepaal word of sodanige bronne kan bestaan, selfs al is hulle nie op die oomblik by die artikel byvoeg nie. Artikels waarvoor die relevansie onduidelik is, mag slegs as 'n laaste uitweg geskrap word.
Indien 'n artikel versuim om voldoende bronne te verskaf om relevansie te bewys, soek asseblief self na bronne, of:
- Vra die outeur (of ander kenner, indien beskikbaar) om bronne aan die artikel te voeg, waarin die ensiklopediese relevansie van die onderwerp bevestig word.
- Gebruikers kan ook {{geen bronnelys}} by die artikel voeg, om sodoende ander gebruikers se aandag te trek wat miskien kan help.
Indien bogenoemde stappe na 'n redelike periode steeds nie tot 'n oplossing lei nie, kan die inhoud (indien toepaslik) met 'n ander artikel saamgesmelt word[1]. Anders kan die artikel verwyder word:[2]
- Artikels wat vir spoedige verwydering kwalifiseer kan verwyder word, met verwysing na die betrokke kriterium.
- Ander artikels kan vir verwydering genomineer word.
Notas[wysig bron]
- Voorbeelde: artikels oor skole kan saamgesmelt word met die artikels van die dorpe of gebiede waar skole geleë is; familie van 'n bekende persoon kan saamgevoeg word in die artikel oor die persoon.
- Nominasies vir verwydering is al afgekeur omdat daar nie voldoende navorsing was om bronne te probeer opspoor nie.
|
<urn:uuid:b11effc8-b630-4654-aa49-889aafbd9e0a>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Wikipedia:Ensiklopediese_relevansie
|
2019-07-21T23:30:56Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527396.78/warc/CC-MAIN-20190721225759-20190722011759-00098.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999994
| false
|
Garies
Garies is 'n dorpie in Namakwaland aan die voet van die Kamiesberg, sowat 46 km suid van Kamieskroon en 146 km noordwes van Vanrhynsdorp. Die dorp het 'n hotel en 'n brandstofvulstasie asook 'n hoërskool en 'n laerskool (laasgenoemde in die buurt Mooi-uitsig). Dit is die dienssentrum van 'n welvarende skaapboerderygebied. Die N7 nasionale pad gaan deur Garies.
Garies | |
Garies, soos gesien in 1991 van oorkant die N7-nasionale pad. | |
Garies se ligging in Noord-Kaap
Koördinate: Koördinate: | |
Land | Suid-Afrika |
---|---|
Provinsie | Noord-Kaap |
Distrik | Namakwa |
Munisipaliteit | Kamiesberg |
Stigting | 1845 |
Oppervlak[1] | |
- Dorpie | 69,44 km² (26,8 vk m) |
Bevolking (2011)[1] | |
- Dorpie | 2 105 |
- Digtheid | 30/km² (77,7/myl2) |
Rasverdeling (2011)[1] | |
• Blank | 10.1% |
• Indiër/Asiër | 0.5% |
• Kleurling | 79.1% |
• Swart | 9.0% |
• Ander | 1.2% |
Taal (2011)[1] | |
• Afrikaans | 96.0% |
• Ander | 1.2% |
Poskode (strate) | 8220 |
Skakelkode(s) | 027 |
Inhoud
GeskiedenisWysig
Die dorpie is omstreeks 1845 op die plaas Goedverwagting, wat ook die dorp se eerste naam was, aangelê. Die huidige naam is aan die dorp gegee deur die voormalige eerste minister van die Kaapkolonie John X. Merriman. Die NG gemeente is in 1904 van die moedergemeente Namakwaland afgestig. Ds. Coert du Buisson word op 15 Januarie 2011 in die NG gemeente Garies bevestig en ontvang. Hy lewer sy intreepreek op 16 Januarie 2011.
Die dorp se naam is afkomstig van 'n Khoi-woord wat "kweekgras" beteken.
Die hedeWysig
Bekende boorlingeWysig
Sien ookWysig
Eksterne skakelsWysig
VerwysingsWysig
- "Hoofplek Garies". Sensus 2011.
|
<urn:uuid:d9cd20db-0212-4625-a165-36bad2ba5dba>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Garies
|
2019-07-23T04:54:10Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00258.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999607
| false
|
Rooibekrenostervoël
Die Rooibekrenostervoël (Buphagus erythrorhynchus) is 'n gelokaliseerde algemene standvoël van savanne en boomveld en dwaal gereeld tot buite sy normale gebied. Hulle word gewoonlik by wild en vee gesien. Die voël is 19 cm groot en weeg 42–59 gram. In Engels staan die voël bekend as die Red-billed Oxpecker.
Rooibekrenostervoël | ||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
'n Rooibekrenostervoël in die Sabi Sand-wildreservaat, Suid-Afrika. | ||||||||||||||||
Bewaringstatus | ||||||||||||||||
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||||||||
Binomiale naam | ||||||||||||||||
Buphagus erythrorhynchus Stanley, 1814 | ||||||||||||||||
Verspreiding
Inhoud
FotogaleryWysig
Sien ookWysig
VerwysingsWysig
- BirdLife International (2012). "Buphagus erythrorhynchus". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.
|
<urn:uuid:5fcc401a-fba6-4d7d-a417-2c997a5ff792>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Rooibekrenostervo%C3%ABl
|
2019-07-23T04:41:00Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00258.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.99373
| false
|
Bespreking:Ludwig Müller
Jump to navigation
Jump to search
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Ludwig Müller-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. |
Artikelriglyne
Daaglikse bladtrekke | |
|
<urn:uuid:893395ca-4ffa-40dc-adc7-b97d4e62e31f>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Ludwig_M%C3%BCller
|
2019-07-23T05:35:16Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00258.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999967
| false
|
Roseburg, Oregon
Roseburg | |
Ligging van Roseburg in Oregon | |
Ligging van Oregon in die VSA | |
Land | Verenigde State van Amerika |
---|---|
Staat | Oregon |
Distrik | Douglas |
Regering | |
- Burgemeester | Larry Rich |
Oppervlakte | |
- Totaal | 35,7 km² (13,8 myl²) |
Bevolking (2006) | |
- Totaal | 21 050 |
- Digtheid | 838,2/km² (2 170,9/myl²) |
Areakode(s) | 541 |
Webwerf: ci.roseburg.or.us |
Naam[wysig | wysig bron]
Die dorp is in 1851 gestig en was eers Deer Creek genoem. Later is die naam verander en vernoem na Aaron Rose, 'n Duitse Jood, na Roseburgh in 1857. En dan in 1894, is die naam verander na Roseburg, die huidige naam.
Demografie[wysig | wysig bron]
In 2000 het die dorp 'n bevolking van 20 017 gehad: 93,56% wit, 0,30% swart of Afro-Amerikaans, 1,30% Amerikaanse inboorlinge, 0,99% Asiaties, 0,10% Pasifiese eilanders, 1,26% van ander rasse en 2,48% van twee of meer rasse. Spaans-Amerikaners of Latyns-Amerikaners van enige ras het 3,73% van die bevolking uitgemaak.
|
<urn:uuid:820b6dd7-b0de-4105-af75-dbe7276dc3f6>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Roseburg,_Oregon
|
2019-07-23T05:56:17Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00258.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.996234
| false
|
Boekbronne
Biblioteke
Suid-Afrika:
- Soek die boek in die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika se katalogus
- Soek die boek in die SEALS Konsortium se biblioteek
- Soek die boek in die Universiteit van Suid-Afrika se biblioteek
- Soek die boek in die Universiteit van die Witwatersrand se biblioteek
- Soek die boek in die Kaapse Hoër Onderwys Konsortium se biblioteek
Wêreldwyd:
- Soek die boek deur WorldCat in jou plaaslike biblioteek se katalogus
Boekwinkels
Suid-Afrika:
Ander lande:
|
<urn:uuid:57ad7733-7132-4270-8365-217f6310014c>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Boekbronne/1557509379
|
2019-07-15T18:50:44Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195523840.34/warc/CC-MAIN-20190715175205-20190715201205-00442.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999966
| false
|
Jeppestown is aangelê omstreeks of kort ná 1886 deur C.E.G. Julius Jeppe, wat die Ford and Jeppe Estate Company saam met sy seun, ook Julius, en L.P. Ford opgerig het. In 1893 is die Vrymesselaarstempel voltooi. In 1894 is Jeppestown beskryf as bestaande uit 421 geboue, twee kerke, ’n Vrymesselaarstempel, die Sint Maria-kollege vir Meisies en ’n biblioteek. In 1894 het die voorstad 5 647 inwoners gehad. Die Sint Michael-skool vir Seuns, wat intussen hernoem is tot die Hoër Seunskool Jeppe, is in 1890 opgerig en is vandag die oudste staatskool in die Goudstad<ref> {{en}} [http://www.jeppeboys.co.za/ Besonderhede oor die skool se stigting op sy webtuiste]. URL besoek op 24 November 2014.</ref>, en die oop stuk grond, genaamd Julius Jeppe Oval, is omstreeks dieselfde jaar in ’n park omskep. Uit die seunskool het die Hoër Meisieskool Jeppe ontstaan. Die oostelike deel van Jeppestown het later as Belgravia bekendgestaan.
|
<urn:uuid:001c7f74-72b2-4b22-8a86-54fad2916008>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/1305929
|
2019-07-15T18:18:16Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195523840.34/warc/CC-MAIN-20190715175205-20190715201205-00442.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999989
| false
|
Bladsygeskiedenis
7 September 2018
2 Desember 2017
1 Desember 2017
18 November 2017
19 Julie 2017
5 Junie 2016
Administrateur CommonsDelinker vervang "Johann_Heinrich_Wilhelm_Tischbein_007.jpg" met "Johann_Heinrich_Wilhelm_Tischbein_-_Goethe_in_der_roemischen_Campagna.jpg" omrede: File renamed: Aussagekräftiger
+32
22 Januarie 2016
16 Maart 2015
→Eksterne skakels: Link FA is now handled by Wikidata, removed: {{Link FA|eo}} using AWB (10861)
k-16
29 Oktober 2014
13 Mei 2014
4 Oktober 2013
8 Maart 2013
Verplasing van 1 interwikiskakels wat op [[d:|Wikidata]] beskikbaar is op d:q5879
k-53
Verplasing van 131 interwikiskakels wat op [[d:|Wikidata]] beskikbaar is op d:q5879
k-5 401
21 Februarie 2013
20 Februarie 2013
7 Februarie 2013
26 Januarie 2013
3 Januarie 2013
6 Desember 2012
27 November 2012
19 November 2012
10 November 2012
12 Oktober 2012
10 Oktober 2012
r2.7.3) (robot Verander: ckb:یۆھان ڤوڵفگانگ گۆتە
kr2.7.1) (robot Bygevoeg: ckb:یۆهان ڤوڵفگانگ گۆتە
k+45
|
<urn:uuid:56714266-4614-4cf5-b35b-5ca8cafe1f13>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Geskiedenis/Johann_Wolfgang_von_Goethe
|
2019-07-18T04:28:18Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525500.21/warc/CC-MAIN-20190718042531-20190718064531-00202.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.885163
| false
|
[[Lêer:Jeppestown, Johannesburg 1888.jpg|duimnael|links|Jeppestown in 1888.]]
[[Lêer:Op de Bergenstraat, Fairview.jpg|duimnael|links|Op de Bergenstraat, Jeppestown, met die [[NG gemeente Jeppestown|NG kerkgebou]] regs op die foto.]]
[[Lêer:Jeppestown vroeg 1900's.jpg|duimnael|links|'n Uitsig uit die brandweertoring in Fairview op onder meer die Jeppestownse NG kerk omstreeks 1912.]]
[[Lêer:Jeppe Boys High.jpg|duimnael|links|Die [[Hoër Seunskool Jeppe]] se hoofgebou, afgeneem omstreeks 1910. Dis sedert 1986 'n nasionale gedenkwaardigheid.]]
Toe in 1887 verwag is dat die jaar oue myndorp Johannes oos of wes sou uitbrei in lyn met die goudrif, het die Jeppe & Ford Estate Company van [[Julius Jeppe sr.]], saam met sy seun [[Julius]], en F.L. Ford Jeppestown oos en [[Fordsburg]] wes van die middedorp aangelê. Die vennote het ryk geword uit die verkoop van erwe of standplase. Jeppestown en [[Belgravia]] het bestaan uit 2 709 standplase, waarvan die eerste in Augustus 1889 verkoop is. Talle spogwonings is in Jeppestown gebou en die eerste openbare gedenkteken in Johannesburg, 'n obelisk ter nagedagtenis aan Jeppe, die stigter van die voorstad, en van die Jeppe-familie, is in 1893, sy sterfjaar, in Jeppestown opgerig. Toe die spoorlyn deur die voorstad gebou moes word, het Julius Jeppe sr. die grond daarvoor geskenk op voorwaarde dat alle treine sou stilhou vir passasiers by die Jeppe-stasie. Die [[Zuid-Afrikaansche Republiek|ZAR]] se spoorwegowerheid het dié bepaling getrou nagekom, maar dis laat vaat tydens die [[Tweede Wêreldoorlog]]. Die eerste trems deur perde getrek het in 1894 met Commissionerstraat langs tot in Jeppestown by die Belgravia-tolhekke geloop.
Jeppestown is aangelê omstreeks of kort ná 1886 deur [[Julius Jeppe sr.|C.E.G. Julius Jeppe]], wat die Ford & Jeppe Estate Company saam met sy seun, ook (later sir) [[Julius Jeppe|Julius]], en L.P. Ford opgerig het. In 1893 is die Vrymesselaarstempel voltooi. In 1894 is Jeppestown beskryf as bestaande uit 421 geboue, twee kerke, ’n Vrymesselaarstempel, die Sint Maria-kollege vir Meisies en ’n biblioteek. In 1894 het die voorstad 5 647 inwoners gehad. Die Sint Michael-skool vir Seuns, wat intussen hernoem is tot die [[Hoër Seunskool Jeppe]], is in 1890 opgerig en is vandag die oudste staatskool in die Goudstad,<ref>{{en}} [http://www.jeppeboys.co.za/ Besonderhede oor die skool se stigting op sy webtuiste]. URL besoek op 24 November 2014.</ref> en die oop stuk grond, genaamd Julius Jeppe Oval, is omstreeks dieselfde jaar in ’n park omskep. Uit die seunskool het die Hoër Meisieskool Jeppe ontstaan. Die oostelike deel van Jeppestown het as Belgravia bekendgestaan, wat destyds beskryf is as een van Johannesburg aangenamer voorstede.▼
▲Jeppestown is aangelê omstreeks of kort ná 1886 deur [[Julius Jeppe sr.|C.E.G. Julius Jeppe]], wat die Ford & Jeppe Estate Company saam met sy seun, ook (later sir) [[Julius Jeppe|Julius]], en L.P. Ford opgerig het. In 1893 is die Vrymesselaarstempel voltooi. In 1894 is Jeppestown beskryf as bestaande uit 421 geboue, twee kerke, ’n Vrymesselaarstempel, die Sint Maria-kollege vir Meisies en ’n biblioteek. InReeds in in 1894 het die voorstad 5 647 inwoners gehad. Die Sint Michael-skool vir Seuns, wat intussen hernoem is tot die [[Hoër Seunskool Jeppe]], is in 1890 opgerig en is vandag die oudste staatskool in die Goudstad,<ref>{{en}} [http://www.jeppeboys.co.za/ Besonderhede oor die skool se stigting op sy webtuiste]. URL besoek op 24 November 2014.</ref> en die oop stuk grond, genaamd Julius Jeppe Oval, is omstreeks dieselfde jaar in ’n park omskep. Uit die seunskool het die Hoër Meisieskool Jeppe ontstaan. Albei dié skole is genoem na sir [[Julius Jeppe]], wat die grond geskenk het waarop die hoërskool se eerste geboue in 1909 opgerig is. Die oostelike deel van Jeppestown het as [[Belgravia]] bekendgestaan, wat destyds beskryf is as een van Johannesburg aangenamer voorstede en waar talle welgestelde Johannesburgers herehuise gehad het, soos Julius Jeppe jr. se woning, [[Friedenheim]].
|
<urn:uuid:9d2ca01d-f718-45b0-b954-4f146bc0dcc4>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/1604288
|
2019-07-18T04:27:12Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525500.21/warc/CC-MAIN-20190718042531-20190718064531-00202.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999902
| false
|
Bespreking:Domenico Scarlatti
Jump to navigation
Jump to search
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Domenico Scarlatti-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. |
Artikelriglyne
Daaglikse bladtrekke | |
|
<urn:uuid:7c3e9c4d-e381-42bd-8ec4-2fe1cdfb5a08>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Domenico_Scarlatti
|
2019-07-18T05:03:34Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525500.21/warc/CC-MAIN-20190718042531-20190718064531-00202.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999911
| false
|
31 Mei 2015 Pinelands (Koninkrykstyd – Drie-Eenheidsondag)
Prediker: Dr Tiana Bosman
“In die sterfjaar van koning Ussia…”
Dit is rondom 740 vC en die volk staan aan die begin van ‘n baie moeilike tyd. Ussia was ‘n goeie koning gewees. Na die afvalligheid van die vorige konings en al die slegte dinge wat hulle gedoen het, het Ussia weer hoop gebring vir sy volk. Toe word hy siek. Daar het ‘n diepe moedeloosheid oor die mense gekom oor die toekoms. Want toe Ussia sterf was dit nag.
“Wat gaan nou van ons word?” Agas is die nuwe troonbestyger. En almal weet dat hy nie ‘n goeie leier is nie. Hy dra nie sy volk se belange op die hart nie. Hy smee alliansies met die verkeerde volke. Toe Agas koning geword het van Juda het dit die begin van die val van die suidelike ryk beteken.
In hierdie tyd van politieke onstabiliteit gaan Jesaja weer eendag na die tempel in Jerusalem.
Skriflesing: Jesaja 6: 1-9
Vs 3: Die hele aarde is vol van sy gewig
Boodskap
“In die sterfjaar van koning Ussia het ek die Here gesien.” Dis soos om vandag te sê: “In die sterfjaar van Mandela het ek vir God gesien.”
Hoe so? Mandela was ons laaste hoop. Nou sit ons met Zuma. Dit is klaar met ons! Luister net na die ondersoekkommissies se uitsprake. Lees gister se koerant. Kyk na die spotprente…
En iewers in verlede jaar die spotprent: Ons president voorspel mooiweer – “dis net sonskyn, sonskyn en nogmaals sonskyn!” – maar intussen is dreigende onweerswolke oor die hele land versprei. Donderweer waar daar (skynbaar) sonskyn is. Wolke van betogings, korrupsie, werkloosheid, swak ekonomie, swak dienste, die tuimelende rand, armoede… Maar ons profetiese president met sy R250 miljoen paleis verkondig sonskyn.
Wat gaan van ons word!?
Dieselfde gevoel van uitsigloosheid as wat daar onder die volk was na Ussia se dood. MAAR toe almal hulle hande in die lug gooi, toe sien Jesaja vir God raak in ‘n visioen. Hy het op ‘n baie hoë troon gesit en die soom van sy kleed het die tempel gevul. Serafs het bo Hom gestaan. Hierdie serafs was hemelse wesens wat vir Jesaja onder die indruk gebring het van die vurige, magtige, ontsagwekkende teenwoordigheid van God. Elkeen het ses vlerke gehad. Met twee het hulle hulle oë bedek sodat hulle nie direk na God hoef te kyk nie. Met twee het hulle hulle voete bedek – voete wat dikwels in die OT ‘n eufemisme was vir liggame – sodat hulle nie naak in die teenwoordigheid van God hoef te wees nie. En met die ander twee vlerke het hulle gevlieg. Intens bewus van die Een in wie se teenwoordigheid hulle verkeer, het hulle mekaar telkens toegeroep: “Heilig, heilig, heilig is die Here van die leërskare! Die hele aarde is van sy heerlikheid vol.” Hy is so groot, so anders dat nie eens die hemelse wesens na Hom kan kyk nie. Hulle bedek hulle gesigte en hulle verberg hulle naaktheid. Dit is hoe oorweldigend sy teenwoordigheid is. Die serafs roep so hard dat die deurkosyne begin skud en die tempel vol rook geword het.
Deur drie maal die heiligheid van God te herhaal, het gewys hoe ernstig die serafs in hulle uitspraak was. As mens ‘n saak in Hebreeus baie sterk wil beklemtoon, sê jy dit drie maal oor. Hulle sê hiermee dat God radikaal anders is as enigiemand of enigiets wat ons nog ooit gesien het. God is onvergelykbaar. Hy is nie deel van hierdie wêreld nie. En tóg openbaar Hy Homself in die wêreld aan ons. Dit is opvallend dat die serafs nog die een oomblik die 3-maal heiligheid van God besing, en met die volgende asemteug al getuig dat die hele aarde gevul is met die heerlikheid van hierdie God. Die heilige God, die Gans Andere, gooi sy hele gewig in die aarde. Dit is eintlik wat die Hebreeus hier probeer sê. Die woord wat ons vertaal met God se “heerlikheid” (OV) of “magtige teenwoordigheid” (NV) is afgelei van die woord wat “lewer” beteken – en jou lewer was jou swaar orgaan. As jy “met jou lewer in iets was” het jy jou hele gewig daarin gesit, jou alles daarvoor gegee.
Oor die woord “heilig” het ek al voorheen gepraat. Dit is nie, soos wat ons so dikwels dink, afgelei van die woord wat “afgesonder/eenkant” beteken nie, maar eerder van die woord wat “blink/skitter” beteken. Dat God heilig is sê dus juis nie dat Hy Hom eenkant, ver, daar bo hou nie, maar dat Hy, wel op ‘n gans anderse manier, teenwóórdig is, dat Hy ‘n verblindende lig uitstraal. God het juis nie afgesonder gebly nie, maar deur sy pad met die Israeliete en uiteindelik in sy Seun het Hy binne-in die sondige wêreld ingetree en die Lig in die duisternis geword.
Jesaja beleef hierdie andersoortige teenwoordigheid van God in die visioen in die tempel. En dit maak hom bewus van sy eie sondigheid en ook van die sondigheid van die volk waarvan hy deel is. “Weë my, ek is verlore! Want ek is ‘n man onrein van lippe en ek woon onder ‘n volk wat onrein van lippe is, want my oë het die Koning, die Here van die leërskare gesien!”
Jesaja is bang vir God. Hy besef dalk dat sy eie en die volk se vrese misplaas is. Hulle vrees die nuwe slegte koning Agas terwyl die Here die éíntlike Koning is, die Een wat nie net oor die volk heers nie maar oor die wêreld – “die hele aarde is van sy heerlikheid vol”. Is ons nie ook net so nie – ons is bang vir aardse politieke leiers wat ons en ons kinders se toekoms bepaal, terwyl ons fokus eintlik moet wees op die ewige God wat die toekoms van die ganse wêreld, en daarom ook ons en ons kinders se toekoms, in sy hande het…
Toe Jesaja met vrees reageer in die teenwoordigheid van God (Moses en Jakob en Elia was ook bang toe die Here aan hulle verskyn), toe het die Here die vrees besweer. Onrein mense mag nie in die tempel van die Here verskyn het nie. Jesaja het eers besef dat hy onrein is en hóé onrein hy is toe hy die Here sien. En een van die serafs voer ‘n reinigingsritueel uit. Hy neem ‘n gloeiende kool met ‘n tang van die altaar af, vlieg na Jesaja, raak sy mond aan met die kool en sê: “Kyk, dit het jou lippe aangeraak, en jou skuld is weg en jou sonde versoen.”
Ons het hier te make met ‘n visioen en met ‘n ritueel en met ‘n ervaring wat vir Jesaja so werklik was dat dit sy lewe van hier af vorentoe verander en bepaal het. Die fokus van die ritueel is op die feit dat God ons reinig en heilig verklaar wanneer Hy ons roep. Die doel van die gloeiende kool is om vir Jesaja figuurlik aan die brand te steek, om hom heilig te maak, anders as die wêreld, glinsterend soos God, sodat hy sy boodskapper kan wees.
En nadat hy gereinig en geheilig is, hoor Jesaja die Here vra: “Wie sal Ek stuur? En wie sal vir ons gaan?” En hy antwoord: “Hineni! Hier is ek! Stuur my!” Hineni! is een van die sterkste woorde in Hebreeus wat eintlik nie sonder ‘n uitroepteken vertaal mag word nie – Hier is ek! (Letterlik “Kyk, ek!) Stuur my, Here! Interessant, Jesaja is een van die min profete wat met sy roeping onmiddellik gewillig reageer. Meeste van die ander het geprotesteer. Moses kla hy hakkel, Jeremia soebat dat hy te jonk is, Jona vlug. Jesaja antwoord dadelik: Hineni!
‘n Aangrypende teks. Vandag is daar steeds mense wat hunker na so ‘n teofanie (godsverskyning) – na ‘n ervaring van God se teenwoordigheid deur ‘n visioen of die verskyning van ‘n engel waar Hy tog maar net sy wil hard en duidelik aan ons bekend kan maak. Mense wil Hom graag in die oë kyk as Hy hulle roep. Ons vergeet soms hóé groot en anders, hóé heilig God is. Selfs nie eens die profete van ouds kon Hom in die oë kyk nie. Selfs nie eens die hemelse wesens kon Hom in die oë kyk nie.
God roep mense op verskillende maniere. Ook ons word geroep. Vanoggend het elkeen van weer ‘n geleentheid om vir die Here te antwoord: Hineni! Hier is ek, Here, stuur my, gereinig en geheilig om sout en om lig vir die wêreld te wees. Soos wat U vir ons kom wys het om dit te wees. U wat Uself in Jesus van Nasaret aan ons kom bekendstel het.
Die Woord, die Boodskap, het méns geword en onder ons kom woon. Hy het eenvoudiges geroep om sy dissipels te wees en Hy het siekes en verlamdes en versteurdes gesond kom maak. Saam met sondaars geëet. Hy het kom praat van ‘n nuwe koninkryk, ‘n nuwe regering, waar daar plek is vir mense wat arm is van gees, dws mense wat God nie ken of verstaan nie, mense wat treur oor verliese, mense wat nederig is en nederig leef, mense wat honger is, mense wat dors is daarna dat reg sal geskied, dat álle mense menswaardig hanteer sal word, mense wat genade het vir ander, en medelye het, vredemakers, hulle wat uitgekryt word omdat hulle doen en sê wat rég is. Dit is die koninkryk, die regering wat Jesus hier kom vestig het. Dit is Gód se koninkryk. Só het Jesus die Lig vir die wêreld geword. Heilig, dus. En die wêreldse duisternis kon die Lig nie uitdoof nie. Net toe die wêreld dink die Lig is geblus, toe brand Hy op sy helderste op Golgota – vir almal om te sien. Soos ‘n lamp op ‘n lampstaander. Soos ‘n stad op ‘n berg. Hy word die sout vir die aarde – dis sy bloed wat die wêreld, die kosmos kom skoonmaak, kom reinig van alle sonde. Jesaja moes deur ‘n ritueel met ‘n gloeiende kool op ‘n altaar gereinig word. Maar Jesus het intussen gekom, en het klaar vir ons sonde betaal. Daarom is ons rééds gereinig.
Daar is nog hoop. Ook vir ons in Suid-Afrika. Vandag. Mandela is dood, die regering is in chaos, die land in die moeilikheid, ‘n krisis met ons krag en ‘n president wat lieg en bedrieg om elke hoek en draai, en dan nog in die openbaar grappies ook maak oor sy skandale. Maar midde hierdie konsternasie is daar mense onder ons wat vir God raakgesien het. Is ons lankal al deur God gereinig, geheilig en geroep. En word ons deur God gestuur. Die God wat met sy volle gewig in die wêreld staan – die een wat so sy alles gee dat Hy Homself gegee het, ter wille van ‘n toekoms vir ons almal.
Om as profeet deur hierdie God geroep te wees, is nie maklik nie. Want hoor wat moes Jesaja vir die mense gaan sê: iets wat hulle in elk geval nie wil hoor of gaan verstaan of gaan glo nie…
Profete, al is julle gehoorsaam aan jul roeping gaan mense jou nie altyd wil hoor nie. Hulle gaan nie altyd verstaan nie. Jy gaan jouself nie eens aldag verstaan nie. Almal gaan jou nie glo as jy oor God praat nie. Dalk gaan meeste jou nie glo nie.
Dit is nie die punt nie. Die punt is om nie op te hou om sout en om lig vir die wêreld te wees nie. Jou werk is om vir die mense te kom vertel wat jy gesien het, vir Wie jy gesien het. In ‘n tyd waar dinge maar duister en droewig lyk in Suid-Afrika (en in die wêreld) het jy vir God raakgesien! Wanneer almal rondom jou hul hande in lug wil opgooi, sien jy vir God raak. Jy mag dit nie vir jouself hou nie. Jy moet daarvan vertel. Jy moet ook hierdie visie wat jy het op God gaan lééf. Só leef dat ander Hom ook begin sien. As jy kies om “Hineni!” te antwoord, dan is dít waarvoor jy geroep word.
Die profete van ouds, maar later ook Jesus, was deurentyd misverstaan (ook deur sy eie mense) en uitgekryt. Jesus was altyd onder kruisverhoor. Maar Hy het aangegaan, want dit is wat Hy gekom het om te doen. En toe dit met Hom die heel swaarste gegaan het, toe Hy die dieptepunt van verwerping en eensaamheid en wreedheid ervaar het – toe het dit eers tot die mense deurgedring dat Hy die Seun van God is, dat Hy die Lig vir die wêreld is. Tydens sy bediening en sy lewe het Hy bitter min dankies gekry. Maar dit is omdat Hy gekom het sodat God deur Hom verheerlik kan word. Mag God ook deur jou lewe, jou roeping, jou bediening verheerlik word.
Kopiereg: Hierdie werk deur Dr Tiana Bosman word gelisensieer onder ‘n “Creative Commons Attribution-NonCommercial-NoDerivs 2.5 South Africa License”.
|
<urn:uuid:63a824d4-6b6d-4055-a76d-b26c44f81775>
|
CC-MAIN-2019-30
|
http://www.pinelandsngkerk.org/2015/05/
|
2019-07-23T05:34:13Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00282.warc.gz
|
by-nc-nd
|
2.5
|
a_tag
| false
| false
|
{
"abbr": [
"by-nc-nd",
"by-nc-nd",
"by-nc-nd",
"by-nc-nd",
"by-nc-nd",
"by-nc-nd"
],
"in_footer": [
false,
false,
false,
false,
false,
false
],
"in_head": [
false,
false,
false,
false,
false,
false
],
"location": [
"a_tag",
"a_tag",
"a_tag",
"a_tag",
"a_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"2.5",
"2.5",
"2.5",
"2.5",
"2.5",
"2.5"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 1.000009
| false
|
Hulp
Bladsye wat na "Historiese Bretagne" skakel
←
Historiese Bretagne
Jump to navigation
Jump to search
Skakels hierheen
Bladsy:
Naamruimte:
alle
(Hoof)
Bespreking
Gebruiker
Gebruikerbespreking
Wikipedia
Wikipediabespreking
Lêer
Lêerbespreking
MediaWiki
MediaWikibespreking
Sjabloon
Sjabloonbespreking
Hulp
Hulpbespreking
Kategorie
Kategoriebespreking
Portaal
Portaalbespreking
Module
Module talk
Gadget
Gadget talk
Gadget definition
Gadget definition talk
Omgekeerde seleksie
Filters
Versteek
insluitings |
Versteek
skakels |
Versteek
aansture
Die volgende bladsye skakel na
Historiese Bretagne
:
Wys (vorige 50 | volgende 50) (
20
50
100
250
500
).
Bretagne
(
← skakels
wysig
)
Operasie Totalize
(
← skakels
wysig
)
Cumuluswolke
(
← skakels
wysig
)
Fauvisme
(
← skakels
wysig
)
Bespreking:Historiese Bretagne
(
← skakels
wysig
)
Wys (vorige 50 | volgende 50) (
20
50
100
250
500
).
Ontsluit van "
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Historiese_Bretagne
"
Navigasie-keuseskerm
Persoonlike gereedskap
Nie ingeteken nie
Bespreking
Bydraes
Skep gebruiker
Meld aan
Naamruimtes
Bladsy
Bespreking
Variante
Weergawes
Lees
Wysig
Wysig bron
Wys geskiedenis
Meer
Soek
Navigasie
Tuisblad
Gebruikersportaal
Geselshoekie
Onlangse wysigings
Lukrake bladsy
Hulp
Sandput
Skenkings
Gereedskap
Spesiale bladsye
Drukbare weergawe
Ander tale
Privaatheidsbeleid
Inligting oor Wikipedia
Vrywaring
Ontwikkelaars
Koekieverklaring
Selfoonweergawe
|
<urn:uuid:3749814f-06a7-4173-9aa1-be32a82b8846>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Historiese_Bretagne
|
2019-07-23T05:25:50Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00282.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.997286
| false
|
Die Rooirivier kan verwys na:
Hierdie is ’n dubbelsinnigheidsbladsy: ’n lys van artikels wat met dieselfde titel geassosieer word. Indien ’n interne skakel u hierheen verwys het, kan u gerus daardie skakel verander sodat dit direk na die gewenste artikel wys. |
|
<urn:uuid:f48851ee-56a4-401f-aca1-53bc6ddd2ca4>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Rooirivier
|
2019-07-18T05:30:20Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525500.21/warc/CC-MAIN-20190718042531-20190718064531-00226.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 1.000009
| false
|
Idioom
'n Idioom is 'n vaste spreekwoord of segswyse wat eie is aan 'n spesifieke taal, streek of volksgroep. Idiome het gewoonlik 'n dieper betekenis wat uit die tradisies, geskiedenis en leefwyse van 'n volk gegroei het. Dit is nie altyd moontlik om die betekenis van 'n idioom uit die woorde af te lei nie, omdat dit baie op figuurlike spraak berus. Vir die rede kan idiome ook nie direk van een taal na 'n ander vertaal word sonder om die betekenis daarvan in ag te neem nie.
Afrikaans, as taal, is besonder ryk aan idiome. Idiome in Afrikaans is nie noodwendig in Engels of in ander tale beskikbaar nie. Die omgekeerde is egter ook waar. Direkte vertaling van idiome kan tot foutiewe (en soms komiese) vertalings lei. As voorbeeld: "Jan skiet 'n kat" beteken nie noodwendig dieselfde as "Jan shoots a cat" nie, maar moet na gelang van die konteks eerder vertaal word as "Jan is vomiting".
VoorbeeldeWysig
Enkele voorbeelde van idiome:
Idioom | Betekenis |
---|---|
'n Adder in eie boesem hê | 'n Verraaier / indringer / skelm |
'n Appeltjie te skil | Iemand uittrap of redeneer oor 'n saak |
Van bakboord na stuurboord stuur | 'n Persoon herhalend na ander persone verwys / Instruksies gee wat onnodig kompleks is. |
Balke saag | Erg snork |
Piet is been-af op Sannie | Piet is verlief op Sannie |
Water uit 'n klip tap | Om met min die onmoontlike reg te kry |
Jy kan dit vir die bobbejane vertel | Ek glo dit nie |
Jy kan dit maar op jou maag skryf (en met jou hemp afvee) | Daar sal niks van kom nie |
Die bobbejaan agter die berg gaan haal | 'n Moeilikheid tegemoet loop; jou vreeslik kwel oor iets wat nog glad nie eens gebeur het nie |
Te diep in die bottel kyk | Om 'n dronklap te wees |
Daar sal dadels van kom | Daar sal niks van kom nie |
Doekies omdraai | Lieg |
Die lepel in die dak steek / die gees gee | Sterf / breek |
Om ook 'n eiertjie te lê | Iets (bykomends) te sê hê |
Hy is 'n haan onder die henne | Die gewildste man tussen die vroue |
Geen haan sal daarna kraai nie | Niemand sal later iets te sê hê daaroor nie |
Elke haan is baas op sy eie mishoop | Elkeen wil op sy eie gebied baas wees |
Gaan vang 'n haan! | "Los my uit" of gaan net weg. |
Op iemand se hakke sit | Hom/haar voortdurend agtervolg |
Iemand se hakskene word al rooi | Om te begin belangstel in die teenoorgestelde geslag |
Die hand aan eie lewe slaan | Selfmoord pleeg |
Die hand in eie boesem steek | Jouself ondersoek om te sien of daar nie skuld by jou lê nie |
As een hand die ander was, word albei skoon | As die een die ander help, word albei bevoordeel |
Iemand se hand in die as slaan | Om iemand by 'n meisie uit te oorlê |
Van die hand na die tand lewe | Net genoeg verdien om van te lewe |
Van die hand wys | Weier, afwys |
Die handdoek ingooi | Die stryd gewonne gee (oorspronklik in boks gebruik) |
Met die hand in die hare sit | Worstel met 'n probleem |
Iemand in die hare vlieg | Stry of baklei |
Die hare laat waai | Woes baklei |
Met die hoed in die hand iets vra | Verleë iets by 'n belangrike persoon kom vra |
Die hoenders in maak | Kwaad maak |
Die kat in die donker knyp | Stoutigheid aanvang (gewoonlik seksueel van aard) |
'n Kat skiet | Braak, opgooi, naar word |
Klippe gooi na glashuise | Doen iets wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie |
Die kool is nie die sous werd nie | Dis nie die moeite werd/koste werd nie |
Van jou lotjie getik | Mal wees |
Met pens en pootjies / met hoek en sinker / met skoene en al | Heeltemal |
Die kar voor die perde inspan | Iets verkeerd-om doen |
In die rooi wees (met geld) | Om in die skuld / oortrokke by die bank te wees |
Spek skiet | 'n Leun vertel of onwaarheid kwyt raak |
Jy kan maar jou ou skoene agterna gooi | Jy moet dankbaar wees om dit/hom/haar te kry |
Sit nie langs dieselfde vuur nie | Stem nie saam met iemand nie |
|
<urn:uuid:f016a821-e56d-4082-9c45-c63ffa631a9b>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Idioom
|
2019-07-19T10:32:25Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00386.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 1.000008
| false
|
Oberliga
In Oos-Duitsland was "Oberliga" ook die benaming van die hoogste liga en daar word algemeen na hierdie liga verwys as die DDR-Oberliga. Die DDR-Oberliga het verdwyn nadat Duitse sokker verenig is na die eenwording van Duitsland (kyk Duitse sokkerkampioen).
Tans is daar 7 oberligas wat elk 'n aantal verbande op 'n geografiese basis bedien. Die wenner van elke oberliga word gepromoveer na die toepaslike Regionalliga (onderhewig aan die verkryging van 'n lisensie). Die enigste uitsondering is die verbande (streeksbonde) wat vroeër na die Oberliga Noord gepromoveer het. Die wenners van die hierdie oberligas (Neder-Sakse Wes; Neder-Sakse Oos; Hamburg; Bremen; Sleeswyk-Holstein) speel aan die einde van die seisoen 'n reeks uitspeelwedstryde om te bepaal wie promoveer. Spanne aan die onderpunt van die oberligas word weer gerelegeer na die toepaslike verbandsliga (soms het 'n verband se hoogste vlak die benaming Landesliga), terwyl die verbandskampioene promosie na die oberliga kan verkry. Net soos by die ander hoër ligas van Duitsland, moet 'n klub ook om 'n oberligalisensie aansoek doen.
Inhoud
GeskiedenisWysig
Na die Tweede Wêreldoorlog is die Oberliga in 1948 in Wes-Duitsland ingestel as die hoogste vlak van sokker (as die opvolger van die Derde Ryk se Gauligas) en dit het die hoogste vlak gebly tot die instelling van die Bundesliga in 1963. In teenstelling met die DDR, waar daar 'n enkele eerste klas was, was die Wes-Duitse kompetisie in 5 geografiese stapels verdeel. Die wenner van elke stapel (en soms ook die vise-kampioen) het dan aan 'n eindtoernooi om die Duitse titel meegeding, soortgelyk aan die ou Gauliga-stelsel.
Met die invoer van die Bundesliga het die Regionalliga verskyn as die tweede vlak en het die benaming Oberliga vir eers van die toneel verdwyn. Die verskillende streeksbonde (“verbande”) het die laer vlakke op 'n streeksvlak hanteer, meestal met 'n verbandsliga as die streek se topvlak (en dus die derde vlak van die Duitse sokkerstruktuur, op daardie stadium).
In 1974 is die Oberliga die eerste keer weer in Noord-Duitsland ingevoer, maar op die 3de vlak. In die ander streke van Duitsland is die Verbandsliga behou tot 1978 toe daar ook weer oberligas ingestel is. Na die eenwording van Duitsland in 1991 moes die voormalige Oos-Duitse klubs in die stelsel opgeneem word en daarom is die Regionalliga in 1994 ingevoer as die 3e vlak, wat veroorsaak het dat die oberligas die 4e vlak geword het.
Vanaf die 2008/09-seisoen is die 3. Liga ingestel en het die oberligas die 5de vlak van Duitse sokker word. Die Oberliga Noord het verdwyn, wat veroorsaak het dat die voederligas vir die Oberliga Noord (Verbandsliga Sleeswyk-Holstein; Verbandsliga Hamburg; Verbandsliga Neder-Sakse Oos; Verbandsliga Neder-Sakse Wes; Verbandsliga Bremen) nou ook die 5de vlak vorm. Verder het die oberligas Wesfale en Noord-Ryn saamgesmelt om die Oberliga Noord-Rynland-Wesfale te vorm.
Die volgende twaalf Oberligas bestaan tans as die Duitse vyfde vlak:
Noordoos (Nordost)Wysig
- Noordoos-Noord (NOFV-Nord):
Oberliga Noordoos-Noord 2010/11-seisoen | |
SV Altlüdersdorf | Berlin AK 07 | Tennis Borussia Berlin | BFC Dynamo | 1. FC Union Berlyn II | Brandenburger SC Suid 05 | Lichterfelder FC | Ludwigsfelder FC | Malchower SV 90 | TSG Neustrelitz | FSV Optik Rathenow | Reinickendorfer Vosse | FC Hansa Rostock II | Germania Schöneiche | Torgelower SV Greif | FC Anker Wismar | |
- Noordoos-Suid (NOFV-Süd):
Oberliga Noordoos-Suid 2010/11-seisoen | |
FC Erzgebirge Aue II | VfB Auerbach | FSV Budissa Bautzen | Chemnitzer FC II | SC Boreas Dresden | Dynamo Dresden II | FC Rooiwit Erfurt II | FSV Wacker 03 Gotha | VfB Germania Halberstadt | VfL Halle 1896 | |
Noord-Rynland-Wesfale (Nordrhein-Westfalen)Wysig
Oberliga Noord-Rynland-Wesfale 2010/11-seisoen | |
Alemannia Aken II | SSG 09 Bergisch Gladbach | Bonner SC | MSV Duisburg II | SpVgg Erkenschwick | SC Rooiwit Essen | Swartwit Essen | SC 04 Westfalia Herne | VfB Homberg | 1. FC Kleef | SC Fortuna Keulen | |
Hesse (Hessen)Wysig
Oberliga Hesse 2010/11-seisoen | |
FC Beiere Alzenau - KSV Baunatal - SKV Rooiwit Darmstadt - 1. FC Eschborn - FSV 1926 Fernwald - SV Buchonia Flieden – 1. FCA 04 Darmstadt - SG Roowit Frankfurt - Hünfelder SV - VfB Marburg – 1. FC Schwalmstadt - Kickers Offenbach II - TSV Eintracht Stadtallendorf - FC Viktoria 09 Urberach - OSC Vellmar - SC Waldgirmes – Eintracht Wetzlar – RSV Würges |
Suidwes (Südwest)Wysig
Oberliga Suidwes 2010/11-seisoen | |
SV Auersmacher - SG Bad Breisig - SG 06 Betzdorf - SV Elversberg II - Eisbachtaler Sportfreunde - SV Gonsenheim - SV Rooiwit Hasborn-Dautweiler - SC Hauenstein - SC 07 Idar-Oberstein - SF Köllerbach - TuS Mechtersheim - |
Baden-WürttembergWysig
Oberliga Baden-Württemberg 2010/11-seisoen | |
Bahlinger SC|
TSG Balingen|
ASV Durlach|
SGV Freiberg|
FSV Hollenbach|
FV Illertissen|
Kehler FV|
VfL Kirchheim|
SV Linx|
SV Waldhof Mannheim|
SpVgg Neckarelz|
VfB Neckarrems|
FC Nöttingen| |
Neder-Sakse (Niedersachsen)Wysig
Oberliga Neder-Sakse 2010/11-seisoen | |
BV Cloppenburg | SV Drochtersen/Assel | BSV Kickers Emden | Goslarer SC 08 | SV Arminia Hannover | TuS Heeslingen | VfV Borussia 06 Hildesheim | SC Langenhagen | FC Hansa Lüneburg | SV Meppen | Eintracht Nordhorn | FC Eintracht Northeim | VfB Oldenburg | VfL Osnabrück II | VSK Osterholz-Scharmbeck | TSV Ottersberg | SV Ramlingen-Ehlershausen | BSV Swartwit Rehden | TuS Güldenstern Stade | SV Teutonia Uelzen |
HamburgWysig
Oberliga Hamburg 2010/11-seisoen | |
Altona 93 - HSV Barmbek-Uhlenhorst – ASV Bergedorf 85 – Bramfelder SV - TSV Buchholz 08 – SV Curslack-Neuengamme – SC Concordia Hamburg – SC Condor – SC Victoria Hamburg – USC Paloma Hamburg – Meiendorfer SV – |
Sleeswyk-Holstein (Schleswig-Holstein)Wysig
Oberliga Sleeswyk-Holstein 2010/11-seisoen | |
TSV Bordesholm – FT Eider Büdelsdorf – Eckernförder SV – SV Eichede - Flensburg 08 – ETSV Weiche Flensburg - Heider SV – Heikendorfer SV – SV Henstedt-Ulzburg – Holstein Kiel II – TSV Klausdorf – TSV Kropp – VfB Lübeck II – |
BremenWysig
Oberliga Bremen 2010/11-seisoen | |
Blumenthaler SV – VfL 07 Bremen – SV Werder Bremen III – SV Türkspor Bremen-Noord – Bremer SV – FC Bremerhaven – OSC Bremerhaven – Brinkumer SV – 1. FC Burg - Habenhauser FV – TSV Blouwit Melchiorshausen – FC Oberneuland II – TuS Schwachhausen – SG Aumund Vegesack – SC Weyhe - TSV Wulsdorf |
Beiere (Bayern)Wysig
Oberliga Beiere 2010/11-seisoen | |
TSV Aindling - 1. FC Eintracht Bamberg - SpVgg Bayreuth - TSV Buchbach - FSV Erlangen-Bruck - TSV Großbardorf - SV Heimstetten - SpVgg Beiere Hof - FC Ingolstadt 04 II - FC Ismaning - TSV 1896 Rain - |
|
<urn:uuid:adcdd72a-afc6-4677-93cc-f71aeb6a4f55>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Oberliga_Suid
|
2019-07-19T10:33:04Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00386.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.985341
| false
|
Kategorie:Bahrein
Jump to navigation
Jump to search
Wikimedia Commons bevat media in verband met Bahrein. |
Subkategorieë
Hierdie kategorie bevat die volgende 4 subkategorië, uit 'n totaal van 4.
|
<urn:uuid:5a5d7814-c845-47b1-bc06-d311250f38ff>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Bahrein
|
2019-07-23T05:30:52Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528869.90/warc/CC-MAIN-20190723043719-20190723065719-00306.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.891736
| false
|
Gebluste kalk
Algemeen | |
---|---|
Naam | Gebluste kalk |
IUSTC-naam | kalsiumdihidroksied |
Ander name | portlandiet[1] |
[[Lêer:Ca2+ OH− OH−|130px|center|Struktuurformule van ]] | |
Chemiese formule | Ca(OH)2 |
Molêre massa | 74,09268 [g/mol][2] |
CAS-nommer | 1305-62-0[2] |
Voorkoms | Wit poeier[2] |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | a=358,9; c=491,1 pm [1] |
Ruimtegroep | P3 m 1; P3 2/m 1 (trigonaal) [1] |
Nommer | 164 |
Smeltpunt | ontbind 580 °C[2] |
Kookpunt | - |
Digtheid | 2,24 - 2,7 [g/cm3][3] |
Oplosbaarheid | water 1,85 [g/L] (@0 °C), 0,71 [g/L] (@100 °C)[3] |
Brekingsindeks | dubbelbrekend 1,574; 1.545[3] |
Hardheid | 2-3 Mohs[3] |
Warmtekapasiteit | 1,12 [J/K.g] (@0 °C) 1,53 [J/K.g] (@400 °C)[3] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | onbrandbaar[2] |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Gebluste kalk of kalsiumhidroksied is 'n vastestof met fomule Ca(OH)2 en basiese eienskappe.
Dit word gevorm uit ongebluste kalk en water met vrystelling van baie hitte:
ToepassingsWysig
Dit het baie toepassings in die bou-industrie.
Dit word ook toegepas in die landbou om suur in die grond te neutraliseer en toksiese vlakke aan aluminiumione neer te slaan as onskadelike alumiumhidroksied. Dit word ook as misstof gesien omrede dit kalsium en ook magnesium aan die plante lewer. Meestal is in die kommersiële produkte wat uit dolomiet vervaardig word ook magnesiumhidroksied aanwesig.[4]
EienskappeWysig
Dit reageer ook met chloorgas en gee bleikpoeier: [3]
Dit reageer nie met yster of staal nie, maar aluminium, lood en geelkoper word aangetas. [3]
VerwysingsWysig
- "Crystallography online" (in Engels).
- "PubChem" (in Engels).
- J.A.H. Oates Lime and Limestone:Chemistry and Technology, Production and Uses, 1998, ISBN 3-527-29527-5
- Gebluste kalk - dié top neutralisasieproduk wat die vrugbaarheidspotensiaal van grond maksimaal ontsluit Carl Taljaard SA Kalk en gips Promosie, die kommuniek 2010, www.sakg.co.za
|
<urn:uuid:b080f4c8-a05c-4341-a64c-959460fc33b1>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Gebluste_kalk
|
2019-07-15T18:46:35Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195523840.34/warc/CC-MAIN-20190715175205-20190715201205-00490.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.997763
| false
|
Halifax, Nova Scotia
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Kanada |
Provinsie | Nova Scotia |
Koördinate | |
Stigting | 1749 |
Oppervlak: | |
- Totaal | 5 490,18 vk km |
Hoogte bo seevlak | 10 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2006) | 372 679 |
- Bevolkingsdigtheid | 67,9/vk km |
- Metropolitaanse gebied | 412 273 |
Tydsone | UTC -4 (Atlantiese tyd) |
Burgemeester | Peter Kelly |
Amptelike Webwerf | www.halifax.ca |
Ná sy samesmelting met Dartmouth en Bedford in die jaar 1996 vorm die stad en sy omgewing die streeksmunisipaliteit Halifax Regional Municipality met sowat 360 000 inwoners (2001). Halifax is die ekonomiese sentrum van die Atlantiese provinsies en die tweede grootste Kanadese kusstad na Vancouver (Brits-Kolombië), terwyl sy seehawe die wêreld se tweede grootste natuurlike hawe na Sydney (Australië) is. Dit is ook een van min hawens in Kanada wat dwarsdeur die jaar ysvry bly. Dit lê nader by Europa as enige ander belangrike Noord-Amerikaanse seehawe suid van Newfoundland/Terre Neuve.
Die stad het 'n belangrike rol in die geskiedenis van Kanada gespeel en is oorspronklik veral as 'n Britse militêre teengewig vir die Franse seevesting Louisbourg op die Kaap-Breton-eiland aangelê. Meer as een miljoen immigrante en vlugtelinge het by Halifax se Pier 21 voet aan wal gesit.
Vandag is Halifax is 'n kosmopolitiese stad met kleiner wolkekrabbers en 'n gerestoureerde historiese stadskern wat byna volledig van die see omsluit word. Halifax se universiteite met sowat 20 000 studente dra by tot die kulturele lewe van die stad wat soms die "San Francisco van die noorde" genoem word - 'n verwysing na die brug oor die Narrows, wat Halifax met Dartmouth verbind en 'n bietjie op die Kaliforniese Golden Gate-brug lyk; die hawebuurt; en die vestingsberg Citadel Hill met sy steil strate. Vanweë sy musieklewe word Halifax tans ook dikwels met die Noordwes-Amerikaanse stad Seattle vergelyk.
Inhoud
Geskiedenis[wysig | wysig bron]
Die eerste bewoners van die gebied was Mi'kmaq-Indiane, wat die baai van Halifax Chebookt ("Groot lang hawe") genoem het.
Op 9 Julie 1749 het kaptein-generaal Edward Cornwallis met sowat 2 500 setlaars op die Chebucto-skiereiland geland om 'n nedersetting en voorpos vir die Britse troepe te stig. Die klein vesting is ter ere van Lord Halifax, die president van die Britse handelskamer, "Halifax" genoem en vanweë sy strategiese ligging reeds in die volgende jaar tot hoofstad van Nova Scotia verklaar. In dieselfde jaar is in die omgewing nog 'n nedersetting, Dartmouth, gestig. Die pont, wat die twee stede sedert 1752 met mekaar verbind, is die oudste seewaterpont in Noord-Amerika.
Ondanks baie moeilikhede het Halifax vinnig ontwikkel, en in die stad is in 1752 die eerste Kanadese koerant, die Halifax Gazette, uitgegee en drie jaar later die eerste poskantoor in Kanada opgerig. Met die bou van die eerste kaai in 1758 het Halifax se geskiedenis as 'n belangrike Kanadese hawestad begin. In 'n tyd toe Groot-Brittanje en Frankryk daarna gestrewe het om Noord-Amerika te beheer, het stad as basis vir Britse militêre operasies teen die Franse fort in Louisbourg gedien.
Dit was veral dergelike operasies tydens oorloë en internasionale konflikte, waarop die ekonomiese vooruitgang en welvaart van die stad aanvanklik berus het. Prins Edward, die seun van koning George III van die Verenigde Koninkryk, het tussen 1794 en 1800 as opperbevelhebber van die Britse magte in Noord-Amerika gedien en met 'n reeks administratiewe en ander openbare geboue, wat hy laat oprig het, sy argitektoniese stempel op Halifax afgedruk.
Halifax was in die Eerste en Tweede Wêreldoorlog 'n belangrike uitvoerhawe vir ammunisie en ander militêre uitrusting wat met skeepskonvooie na Europa vervoer is. Een van hierdie militêre operasies het egter ook die grootste mensgemaakte ontploffing - voordat 'n atoombom die Japanse stad Hirosjima getref het - veroorsaak. Op 6 Desember 1917 het meer as 2 000 mense by die botsing van die Franse skip Mont Blanc met die Belgiese stoomskip Imo gesterf, 9 000 is beseer, en groot dele van die skiereiland is in die ramp in puinhoop gelê.
In 1925 het die eerste transatlantiese telegraafverbinding ontstaan, en in 1941 het Trans Canada Airways 'n gereelde lugroete tussen Halifax en Vancouver ingestel. Die internasionale lughawe van Halifax is in 1960 geopen. In Junie 1995 was Halifax die gasheerstad van die G-7 groep (die sewe belangrikste nywerheidslande) se spitsberaad.
Klimaat[wysig | wysig bron]
Halifax se weer is onvoorspelbaar, maar danksy die invloed van die Atlantiese Oseaan gematig in vergelyking met dié van Sentraal-Kanada. Gewoonlik beweeg temperature tussen -5°C en +25°C. Sneeuval tree in die maande van Desember tot Maart op, dikwels in die vorm van sneeustorms. 'n Rekord-sneeuval van 950 millimeter begelei een van hierdie storms in Februarie 2004.
Die lente se weer word deur mis en koel temperature gekenmerk, terwyl die somer warm en droog of koel en reënerig kan wees. Die vroeë herfs is dikwels nog warm met baie sonskyn.
Reënval en temperature in Halifax[wysig | wysig bron]
Maand |
Jan | Feb | Mar | Apr | Mei | Jun | Jul | Aug | Sep | Okt | Nov | Des |
Reënval (mm) | 137 | 109 | 125 | 114 | 104 | 102 | 97 | 112 | 104 | 137 | 135 | 137 |
Reënval (duim) | 5,4 | 4,3 | 4,9 | 4,5 | 4,1 | 4 | 3,8 | 4,4 | 4,1 | 5,4 | 5,3 | 5,4 |
Minimale temperature (°C) | -9 | -9 | -5 | -1 | 4 | 9 | 13 | 13 | 10 | 5 | 0 | -6 |
Maksimale temperature (°C) | 0 | -1 | 3 | 8 | 15 | 20 | 23 | 23 | 19 | 14 | 8 | 2 |
Minimale temperature (°F) | 16 | 16 | 23 | 30 | 39 | 48 | 55 | 55 | 50 | 41 | 32 | 21 |
Maksimale temperature (°F) | 32 | 30 | 37 | 46 | 59 | 68 | 73 | 73 | 66 | 57 | 46 | 36 |
Ekonomie[wysig | wysig bron]
Danksy die groot konsentrasie van regeringsinstellings en privaat sakeondernemings het die streeksmunisipaliteit Halifax tot 'n beduidende ekonomiese sentrum in die oostelike Kanada ontwikkel, en Halifax dien nou as 'n sake-, finansiële, administratiewe en kulturele sentrum vir die Atlantiese kusprovinsies. Belangrike werkgewers en dryfkragte agter die ekonomiese groei sluit die Departement van Nasionale Verdediging en die Hawe van Halifax in.
Die uitgestrekte natuurlike hawe met sy moderne houergeriewe is nog steeds toeganklik wanneer die deurvaart na die Sint-Laurensrivier-waterweg deur ys versper word. Die Halifaxhawe dien ook as basis vir Kanada se Atlantiese Vloot en maak van die stad saam met die internasionale lughawe en verbeterde spoorweg- en padverbindings 'n eersterangse vervoersentrum wat steeds meer nywerhede lok. Die plaaslike eiendomsmark het aan die begin van die 21ste eeu sterk gegroei, en naas nuwe projekte is ook sommige van die vroeëre werkersklasbuurte opgeknap.
Die ekonomie in Halifax se landelike omgewing steun op landbou, vissery, mynbou, bosbou en die ontginning van natuurlike gas. Die Musquodoboit-vallei het tot die streek se bos- en landbousentrum ontwikkel. Van die 150 plase in die streeksmunisipaliteit is 110 volgens die sensus van 2001 in familiebesit. Die plaaslike vissery is in talle kleiner visserhawens langs die kus werksaam, terwyl die streek se natuurlike gasvelde voor die kus van die eiland Sable Island lê. Klei, leiklip, goud, kalksteen en gips word in die landelike gebiede van die vasteland ontgin.
Besienswaardighede[wysig | wysig bron]
- Die Privateers' Wharf is 'n gerestoureerde hawebuurt uit die 19de eeu met restourante en kroeë. Hier lê 'n namaaksel van die beroemde skoener Bluenose uit Lunenburg geanker. Die Bluenose word ook op Kanada se 10-sent-muntstukke uitgebeeld.
- Die stervormige Halifax Citadel op Citadel Hill vorm die ou fort se sentrale gebou en bied 'n pragtige uitsig oor die stad. Citadel Hill pronk met noukeurig gerestoureerde geboue en meubels en is in 1956 tot nasionale monument verklaar en een van die mees besoekte geskiedkundige besienswaardighede in Kanada. Vandag tree studente van die Universiteit van Halifax in Skotse kleredrag en met doedelsakke as die fort se bemanning op.
- Die Nova Scotia Museum of Natural History behandel die geskiedenis en natuur van Nieu-Skotland en pronk met argeologiese vondse soos die oorblyfsels van 'n 11 000 jaar oue nedersetting, mastodon-bene, 'n walvisgeraamte en voorwerpe wat deur die vroeë setlaars en plaaslike Mi'kmaq-Indiane vervaardig is.
Bekende boorlinge[wysig | wysig bron]
- Samuel Cunard (1787–1865), Brits-Kanadese skeepvaartmagnaat.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Halifax, Nova Scotia. |
Hoofstede van Kanada | ||||
---|---|---|---|---|
|
<urn:uuid:3a700d22-648f-4926-abf6-59910333f881>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Halifax,_Nova_Scotia
|
2019-07-17T00:47:59Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525004.24/warc/CC-MAIN-20190717001433-20190717023433-00090.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999973
| false
|
Bespreking:Locronan
Jump to navigation
Jump to search
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Locronan-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. |
Artikelriglyne
Daaglikse bladtrekke | |
Stukkende eksterne skakel[wysig bron]
During several automated bot runs the following external link was found to be unavailable. Please check if the link is in fact down and fix or remove it in that case!
- http://www.locronan.fr/
|
<urn:uuid:ed29f8d6-a959-4b16-98e9-56dca3d8bd0b>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Locronan
|
2019-07-18T04:59:05Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525500.21/warc/CC-MAIN-20190718042531-20190718064531-00250.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.996927
| false
|
Dwight F. Davis
Volle naam | Dwight Filley Davis | |
---|---|---|
Land | Verenigde State | |
Woonplek | ||
Geboortedatum | 5 Julie 1879 | |
Geboorteplek | St. Louis, Missouri | |
Datum van sterfte | 28 November 1945 (op 66) | |
Plek van sterfte | Washington, D.C. | |
Begin professioneel | 1895 | |
Afgetree | 1902 | |
Spelstyl | Linkshandig (eenhandig handrughou) | |
Enkelspel | ||
Hoogste rang | No. 5 (1900, Karoly Mazak)[1] | |
Grand Slam-uitslae | ||
VSA-Ope | E (1898, 1899) | |
Olimpiese Spele | 2R (1904) | |
Dubbelspel | ||
Wimbledon | E (1901) | |
VSA-Ope | W (1899, 1900, 1901) | |
Olimpiese Spele | KE (1904) |
Dwight F. Davis | |
Inswering van Davis as Sekretaris van oorlog in 1925 | |
49de Amerikaanse Sekretaris van oorlog
Ampstermyn 14 Oktober 1925 – 4 Maart 1929 | |
President | Calvin Coolidge |
---|---|
Voorafgegaan deur | John W. Weeks |
Opgevolg deur | James W. Good |
Goewerneur-generaal van die Filippyne
Ampstermyn 8 Julie 1929 – 9 Januarie 1932 | |
President | Herbert Hoover |
Voorafgegaan deur | Eugene Allen Gilmore (waarnemend) |
Opgevolg deur | Theodore Roosevelt, Jr. George C. Butte (waarnemend) |
Persoonlike besonderhede
Gebore | 5 Julie 1879 St. Louis, Missouri |
Sterf | 28 November 1945 (op 66) Washington, D.C. |
Politieke party | Republikein |
Alma mater | Harvard University Washington University Law School |
Dwight Filley Davis (* 5 Julie 1879; † 28 November 1945) was 'n politikus en professionele tennisspeler van die Verenigde State van Amerika. Hy is veral bekend as die stigter van die Davis Cup. Hy was die Amerikaanse sekretaris van oorlog vanaf 1923 tot 1925.
Verwysings[wysig | wysig bron]
- ( Mazak, Karoly (2010). The Concise History of Tennis, bl. 28. )
|
<urn:uuid:96a24927-29db-495e-bd4d-d0db2e9a1168>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Dwight_F._Davis
|
2019-07-18T04:58:54Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525500.21/warc/CC-MAIN-20190718042531-20190718064531-00250.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.970265
| false
|
Verwante veranderings
Jump to navigation
Jump to search
Tik 'n bladsynaam om veranderinge aan bladsye te sien wat daarvan of daarheen skakel. (Om inskrywings van 'n kategorie te sien, tik Kategorie:Naam van kategorie). Veranderinge aan bladsye op u dophoulys word in vetdruk aangedui.
Lys van afkortings:
- N
- Met die wysiging is 'n nuwe bladsy geskep. (sien ook die lys van nuwe bladsye)
- k
- Hierdie is 'n klein wysiging
- b
- Hierdie wysiging is deur 'n bot gemaak
- D
- Wikidata-wysiging
- (±123)
- Bladsy is met die aantal grepe gewysig
|
<urn:uuid:31d8cc79-9ac3-4c63-95c3-e1c4a99a3738>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:OnlangseVeranderingsMetSkakels/Stephen_Merchant
|
2019-07-18T04:57:38Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525500.21/warc/CC-MAIN-20190718042531-20190718064531-00250.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999999
| false
|
Hulp
Bladsye wat na "Gråsten-paleis" skakel
←
Gråsten-paleis
Jump to navigation
Jump to search
Skakels hierheen
Bladsy:
Naamruimte:
alle
(Hoof)
Bespreking
Gebruiker
Gebruikerbespreking
Wikipedia
Wikipediabespreking
Lêer
Lêerbespreking
MediaWiki
MediaWikibespreking
Sjabloon
Sjabloonbespreking
Hulp
Hulpbespreking
Kategorie
Kategoriebespreking
Portaal
Portaalbespreking
Module
Module talk
Gadget
Gadget talk
Gadget definition
Gadget definition talk
Omgekeerde seleksie
Filters
Versteek
insluitings |
Versteek
skakels |
Versteek
aansture
Die volgende bladsye skakel na
Gråsten-paleis
:
Wys (vorige 50 | volgende 50) (
20
50
100
250
500
).
Gebruikerbespreking:Voyageur/Argief72017
(
← skakels
wysig
)
Gebruiker:Suidpunt/Ander
(
← skakels
wysig
)
Bespreking:Gråsten-paleis
(
← skakels
wysig
)
Wys (vorige 50 | volgende 50) (
20
50
100
250
500
).
Ontsluit van "
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Gråsten-paleis
"
Navigasie-keuseskerm
Persoonlike gereedskap
Nie ingeteken nie
Bespreking
Bydraes
Skep gebruiker
Meld aan
Naamruimtes
Bladsy
Bespreking
Variante
Weergawes
Lees
Wysig
Wysig bron
Wys geskiedenis
Meer
Soek
Navigasie
Tuisblad
Gebruikersportaal
Geselshoekie
Onlangse wysigings
Lukrake bladsy
Hulp
Sandput
Skenkings
Gereedskap
Spesiale bladsye
Drukbare weergawe
Ander tale
Privaatheidsbeleid
Inligting oor Wikipedia
Vrywaring
Ontwikkelaars
Koekieverklaring
Selfoonweergawe
|
<urn:uuid:9d8fa268-7e7f-4bb8-9670-8c764ae38b0d>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Gr%C3%A5sten-paleis
|
2019-07-19T10:23:27Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526210.32/warc/CC-MAIN-20190719095313-20190719121313-00410.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.994775
| false
|
Sarel Venter
Sarel Daniël Venter | |
Ds. S.D. Venter
Naam | Sarel Daniël Venter |
---|---|
Geboorte | 1826 Colesberg Kaapkolonie |
Sterfte | 12 Oktober 1895 Bethulie Oranje-Vrystaat |
Kerkverband | Gereformeerd |
Gemeente(s) | Bethulie, 1866–1877 |
Jare aktief | 1866–1890 |
Kweekskool | O.l.v van ds. Johannes Beijer |
Ds. Sarel Daniël Venter (Colesberg, Kaapkolonie, 1826 – Bethulie Oranje-Vrystaat, 12 Oktober 1895) was ’n predikant in die Gereformeerde Kerk wat in 1877 ’n kerkskeuring op Bethulie veroorsaak en sy eie gemeente, die Gereformeerde kerkgemeente van Bethulie, gestig het. Daar was onder sy leiding ook splintergroepe op Burgersdorp, Reddersburg, Philipstown en Boshof. Hy was die eerste gebore Suid-Afrikaners wat Gereformeerde predikant geword het.
Inhoud
Herkoms en opleiding[wysig | wysig bron]
Sarel Venter was die seun van Jan Adriaan Venter, een van die stigters van die Gereformeerde kerk Colesberg waar die kerkstryd hewig was en waarin J.A. Venter se dogter Hester Venter en haar man, I.D. du Plessis, 'n leidende aandeel geneem het, en Magrieta Louw. Ná die stigting van die Gereformeerde Kerk onder leiding van ds. Dirk Postma in Februarie 1859 op Rustenburg, het die tweede Sinode, dié op Rustenburg in 1863, besluit om die nypende tekort aan predikante volgens artikel 8 van die Dordtse Kerkorde (1619) deur middel van natuurlik begaafde manne van goeie getuienis in die gemeentes aan te vul. So het Venter, toe reeds amper 40 jaar oud, twee jaar (volgens 'n ander bron 'n bietjie meer as 'n jaar) opleiding geniet onder ds. Johannes Beijer – ná ds. Postma die tweede leraar van die kerkverband – van die Gereformeerde kerk Reddersburg. Dit was omdat die Teologiese Skool Burgersdorp eers in 1869 tot stand gekom het en die beroep op predikante uit Nederland nie die gewenste uitwerking gehad het nie. Omdat prop. Venter reeds middeljarig was en maar min opleiding gehad het, het baie mense skeptiese teenoor hom gestaan en getwyfel of hy sy plek as predikant sou kon vol staan. Die Colesberg Advertiser van 12 Februarie 1867 het berig dat toe ds. Venter op Colesberg gepreek het, die kerk tot barstens toe vol was was mense wat nuuskierig was om die "skaapwagter" en die "eenvoudige boer" te hoor preek.
Predikant van Bethulie[wysig | wysig bron]
Venter is op 3 September 1866 as eerste vaste predikant van die Gereformeerde kerk Bethulie beroep nadat ds. Beijer dié gemeente in 1864 gestig het onder die naam Heidelberg. Sy traktement is bepaal op £275 per jaar driemaandeliks vooruit betaalbaar. Later is daarby nog 'n getal slagskape gevoeg. Verder sou 'n woning aan hom verskaf word wat gemeubileer sou word deur die kerkraad. Gedurende 1877 het ds. Venter en sy broer Jacobus Johannes Venter met die kerklike leiding van ds. Dirk Postma, gebots oor die persoon van ds. Beijer en veral oor die doelbewuste sendingbeleidsformulering in die Gereformeerde Kerk gedurende 1870 in die Kaapkolonie. Op 21 Oktober 1866 is prop. Venter as predikant van Bethulie bevestig in die kerkgeboutjie in Pellissierstraat wat ook as pastorie gedien het. Uitnodigings na die bevestiging is ook gerig aan die plaaslike landdros, die raadslede en die dorpskommissie.
Kerkskeuring[wysig | wysig bron]
Ds. Venter het hom op die Sinode van 1873 in die minderheid geformuleer toe die Sinode gelykstelling tussen blank en nieblank as gelyke bediening in een kerkgebou gedefinieer het, terwyl ds. Venter daaronder gelyke onderwys en dit in dieselfde skool sowel as saamsit in dieselfde kerkgebou wou verstaan. Hy het daarna die skyf van kerklike polemiek geraak, in 1877 vierkantig met ds. Postma gebots en stig in dié jaar saam met 'n groep aanhangers die Gereformeerde kerkgemeente te Bethulie, met splintergroepe op Burgersdorp, Reddersburg, Philipstown en Boshof. Op Reddersburg het byvoorbeeld 'n kerk "sorterende onder ds. Venter van Bethulie" ontstaan. In 1883 is op Reddersburg 'n kerkgebou opgerig deur die Venter-kerk. Ds. J.S.L. Venter, wat sedert sy bedanking as predikant van Pretoria op Reddersburg gewoon het, het in 1884 ook die kerk bedank en oorgegaan na die Venter-kerk. Hy het saam met hom ook weer 'n aantal lidmate geneem. Die bestaan van die Venter-kerk op Reddersburg het egter net tot 1889 geduur, nes op Bethulie, toe die lidmate weer opgeneem is in die gemeente.
In 1879 het ds. Venter en sy broer sonder welslae die Gereformeerde gemeente gedagvaar vir 'n pro rata deel van die kerkgoedere in die Oranje-Vrystaatse hooggeregshof. Vanaf 1881 het sy gemeente die gebruiklike toelaes van die Vrystaatse Volksraad ontvang waarop alle erkende kerke in die republiek indertyd geregtig was. Nadat die ergste storms en verbittering oorgewaai het, het hy ’n spesiale sinode gevra om die vonnis teen hom te hersien. Toe dit geweier is, het hy na die Sinode van 1882 geappelleer. Op voorstel van ds. Postma het die Sinode geweier om die appèl ter tafel te neem omdat hy deur sy bedanking alle reg van appèl verbeur het.
Hereniging[wysig | wysig bron]
In 1889 het die Venter-kerk weer onderhandelings met die Gereformeerde Kerk aangeknoop. Hierdie onderhandelings het uitgeloop op ’n hereniging van die grootste deel van die Venter-kerk se lidmate met die Gereformeerde Kerk in 1890. Die deel wat nie verenig het nie, het nie as afsonderlike kerk bly bestaan nie (moontlik omdat hul getalle te gering was), maar hulle aangesluit by die NG gemeente Bethulie. Kort voor lank was daar op Bethulie geen teken meer van die skeuring te bespeur nie.
Min van die kerk se doen en late is vandag nog bekend omdat ouderling Snyman later die kerkraad se notuleboeke vernietig het sodat die nageslag nie kon weet wat daarin staan nie. Nadat sy gemeente ontbind en grotendeels met die Gereformeerde Kerk herenig het, het ds. Venter vergeefs weer probeer om in die Gereformeerde Kerk opgeneem te word. Daarna het hy hom sonder die status van predikant as boer op sy plaas teruggetrek het.
Huwelikslewe[wysig | wysig bron]
Hy was eers getroud met Johanna Petronella Venter en hulle het ses dogters en 'n seun gehad. Ná haar dood is hy getroud met die weduwee Anna Catharina Coetzee, gebore Pretorius. Uit hierdie huwelik is 'n dogter gebore.
Bronne[wysig | wysig bron]
- ( Beyers, C.J. 1987. ) Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek Deel V. Pretoria: Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing.
- ( Pelzer, A.Z. et al. 1963. Eeufees-gedenkboek van die Gereformeerde kerk Bethulie 1863–1963. Bethulie: Eerwaarde Kerkraad van die Gereformeerde Kerk. )
- ( Spoelstra, dr. Bouke. 1963. Die Doppers in Suid-Afrika 1760–1899. Kaapstad, Bloemfontein, Johannesburg: Nasionale Boekhandel Bpk. )
|
<urn:uuid:1609a9f4-688c-4fbc-aa78-247a7bb4da7a>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Sarel_Venter
|
2019-07-21T23:18:26Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527396.78/warc/CC-MAIN-20190721225759-20190722011759-00170.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999979
| false
|
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.