text
string
id
string
dump
string
url
string
date
string
file_path
string
license_abbr
string
license_version
string
license_location
string
license_in_head
bool
license_in_footer
bool
potential_licenses
dict
license_parse_error
bool
license_disagreement
bool
language_script
string
language
string
language_score
float64
found_in_fw
bool
Sjabloon:Russiese patriarge in Wikipedia, die vrye ensiklopedie Jump to navigation Jump to search s b w Russies-Ortodokse patriarge van Moskou en die hele Rusland 1589-1721 St. Job Ignatius (nie erken deur die Russies-Ortodokse Kerk) St. Hermogenes Filaret Joasaf I Josef Nikon Pitirim (locum tenens) Joasaf II Pitirim Joachim Adriaan Stefan Jaworski (locum tenens) 1721-1917 Heiligste Regerende Sinode 1917-hede St. Tichon Pieter van Kroetitsi (locum tenens) Sergius Aleksi I Pimen Aleksi II Kirill Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Sjabloon:Russiese_patriarge&oldid=1812419 " Kategorie : Religieuse reekssjablone Versteekte kategorie: Navigasiebokse met agtergrondkleure Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Sjabloon Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Print/export Download as PDF Gereedskap Skakels hierheen Verwante veranderings Spesiale bladsye Permanente skakel Bladinligting Wikidata-item Ander tale Беларуская Беларуская (тарашкевіца) Български Ελληνικά Polski Wysig skakels Die bladsy is laas op 11 September 2018 om 21:37 bygewerk. Die teks is beskikbaar onder die lisensie Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel . Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting. Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:530a9cd1-814a-4f8f-a8e7-805f4b144b7e>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Sjabloon:Russiese_patriarge
2019-07-21T00:33:23Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526799.4/warc/CC-MAIN-20190720235054-20190721021054-00471.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.995273
false
Wikipedia:Voorbladartikels 2012 Hierdie is die argief van al die artikel wat tydens 2012 as spogartikel op die voorblad gepryk het. 2012[wysig bron] Week 1 Montreal (Montréal in Frans; Standaardfrans: [mɔ̃ʀeˈal], Kanadese Frans: [mɒ̃ʀeˈal], Engels: [ˌmʌntɹiˈɒːl]) is die naam van die stad, eiland en eilandsee by die vereniging van die riviere Sint-Laurens (Frans: fleuve Saint-Laurent) en Outaouais in die sentrale gedeelte van die Sint-Laurens-vallei. Montreal se hawe, wat 1 600 kilometer landinwaarts van die oseaan lê, behoort tot die grootstes van Noord-Amerika. Montreal (amptelik: Ville de Montréal) is die grootste stad van die Franstalige provinsie Quebec (Oos-Kanada) - en op een na ook die grootste Franstalige stad in die wêreld. Die Île de Montréal (Montrealeiland) het sowat 1,7 miljoen en die metropolitaanse gebied van Montreal 3,7 miljoen inwoners. Volgens die sensus van 2005 is meer as 70 persent van die bewoners van Montrealeiland Franssprekendes. Die grootste minderhede is die sogenaamde Néo-Canadiens (immigrante, 23 persent) en Engelstaliges (sowat tien persent). Daar is 'n aantal oorwegend Engelstalige voorstede veral in die weste van Montrealeiland soos byvoorbeeld Montreal West. Teen die einde van die 17de eeu het Montreal se agterland feitlik tot by die Rotsgebergte (Frans: Les Rocheuses, Engels: Rocky Mountains), verby die Groot Mere en tot by die mond van die Mississippirivier gestrek toe die voyageurs (die Franse pelshandelaars en ontdekkers) Montreal hulle vertrekpunt gemaak het vir togte dwarsoor Noord-Amerika. Die voyageur Daumont de Saint-Lusson het die Groot Mere, Louis Jolliet die Mississippirivier en Charles Albanel en Paul Denys die Baie d´Hudson (Hudsonbaai) ontdek. Die vestiging van Engelse en Skotse handelaars het tot 'n vinnige groei gelei wat van Montreal in die 19de eeu die belangrikste nywerheids- en handelsentrum van Kanada gemaak het. Teen die einde van die 19de en begin van die 20ste eeu het grootskaalse immigrasie die stad se karakter verander. Week 2 Antarktika is 'n kontinent by die Suidpool van die Aarde, omring deur die Suidelike Oseaan en in twee verdeel deur die Transantarktiese Berge. Antarktika is die koudste plek op aarde (die laagste temperatuur ooit gemeet was op die suidpool: -88 °C) en die kontinent is byna volledig met ys bedek. Dit is ook die kontinent met die laagste gemiddelde lugvogtigheid en dit is die winderigste en hoogste (gemiddeld) kontinent op aarde. Die kontinent se 14 miljoen km² oppervlak maak dit die vyfde grootste kontinent, ná Asië, Afrika, Noord-Amerika en Suid-Amerika, en die grootste woestyn ter wêreld. Daar is geen permanente menslike inwoners nie en slegs plante en diere wat aangepas is tot die koue oorleef daar. Dit sluit pikkewyne, pelsrobbe, mosse, korsmosse en honderde soorte alge in. Die naam "Antarktika" kom van die Grieks antarktikos, "teenoor Arktika", die Noordpoolstreek, wat verwys na die Groot Beer-sterrebeeld wat slegs in die Noordelike halfrond sigbaar is. Van al die ys op die wêreld lê 90% op Antarktika. Die gemiddelde dikte van die yskap bedra 2200 meter en op die dikste punt is die ys 4776 meter dik. Die meeste ys is miljoene jare oud, maar nie hele Antarktika was die heeltyd onder die ys nie. 'n Brits-Sweedse ekspedisie het in 1949 ontdek dat groot dele van Antarktika, soos Koningin Maudland, tot ongeveer 10 000 v.C. nog ysvry was. Alhoewel mites en spekulasie oor 'n Terra Australis ("Suidelike Land") tot die oudheid teruggespoor kan word, word algemeen aanvaar dat die kontinent vir die eerste keer in 1820 deur die Russiese ekspedisie van Michail Lazaref en Fabian Gottlieb von Bellingshausen waargeneem is. In die 19de eeu is die kontinent grootliks geïgnoreer as gevolg van die ongunstige omgewing, gebrek aan doeltreffende hulpbronne en die afgeleë ligging. Week 3 Nederlands is 'n Wes-Germaanse taal wat deur meer as 23 miljoen moedertaalsprekers (of as kultuurtaal) in die wêreld gepraat word. Die totale aantal sprekers word geskat op omtrent 28 miljoen. Behalwe dat Nederlands die amptelike taal van Nederland is, is dit ook 'n amptelike taal in België (amptelike taal van die Belgiese deelstaat Vlaandere en naas Frans is Nederlands ook een van die twee amptelike tale in die Brusselse Hoofstedelike deelstaat). Nederlands is verder die amptelike taal van Suriname, Aruba, Curaçao en Sint Maarten in Suid-Amerika en die Karibiese gebied. In samewerkingsorganisasies word die taal erken in die Benelux, die Europese Unie, die Karibiese Gemeenskap en die Unie van Suid-Amerikaanse Nasies. 'n Beraamde 95% van die Afrikaanse taal uit Suid-Afrika en Namibië is van Nederlandse oorsprong. Afrikaans het kenmerke van verskeie Nederlandse dialekte. Die woord Nederlands word dikwels gebruik as sinoniem vir Standaardnederlands, wat deur die media gebruik en op skole onderrig word. Nederlands het egter ook 'n breëre betekenis en word ook gebruik vir die Neder-Frankiese variasies uit die Lae Lande, en soms ook die Nederlandse Kreole en Afrikaans (ook beskou as 'n halfkreool). Week 4 Aangesien 'n geskatte 90 tot 95% van Afrikaans se woordeskat van Nederlandse oorsprong is, is daar weinig leksikale verskille tussen die twee tale. Afrikaans het egter 'n aansienlik meer eenvoudige morfologie, grammatika en stel spelreëls. Daar is 'n graad van onderlinge verstaanbaarheid tussen die twee tale, veral in die geskrewe vorm. Afrikaans het sekere leksikale en sintaktiese verlenings van ander tale soos Maleis, Khoisan tale, Portugees, Nguni tale en tot 'n mindere mate, Frans bekom. Afrikaans is ook beduidend deur Suid-Afrikaanse Engels beïnvloed. Nietemin het Nederlandse sprekers met minder nie-kognate te doen wanneer hulle na Afrikaans luister. Wedersydse verstaanbaarheid is dus redelik asimmetries, aangesien dit makliker vir Nederlandstaliges is om Afrikaans te verstaan as anders om. Navorsing suggereer dat wedersydse verstaanbaarheid tussen Nederlands en Afrikaans beter is as tussen Nederlands en Fries, of tussen Deens en Sweeds. Week 5 Ignaz Philipp Semmelweis (ook soms geskryf as Ignác Fülöp Semmelweis, 1 Julie 1818 - 13 Augustus 1865) was 'n Hongaarse fisikus wat bekend is as 'n pionier van antiseptiese prosedures. Hy is beskryf as die "redder van moeders" nadat hy ontdek het dat die voorkoms van kraamkoors drasties verminder kan word deur die hande te ontsmet in verloskundige klinieke. Kraamkoors was algemeen in hospitale in die middel 19de-eeu en dikwels dodelik met 'n mortaliteitspersentasie van 10-35. Semmelweis het die teorie van handewas met gechloreerde kalkoplossings voorgeskryf in 1847 terwyl hy in die Wene Algemene Hospitaal se Eerste Verloskundige Kliniek gewerk het waar dokters se afdeling drie keer die mortaliteit van vroedvroue gehad het. Hy het die boek Etiologie, Konsep en Voorkoming van Kraamkoors uitgegee met sy bevindinge daarin. Ten spyte van verskeie uitgawes van resultate waar handwassery mortaliteit tot onder 1% verminder het, het Semmelweis se waarnemings gebots met die bestaande wetenskaplike en mediese opinies van die tyd en sy idees is deur die mediese gemeenskap verwerp. Party dokters het aanstoot geneem deur die suggestie dat hulle hulle hande moet was en Semmelweis kon geen aanvaarbare wetenskaplike verklaring vir sy bevindinge verskaf nie. Semmelweis se praktyk het eers jare na sy afsterwe wydverspreide aanvaarding verkry toe Louis Pasteur die kiemteorie bevestig het. In 1865 is Semmelweis opgeneem in 'n psigiatriese hospitaal, waar hy in die ouderdom van 47 aan bloedvergiftiging oorlede is. Week 6 Die Koninkryk van België (Nederlands: Koninkrijk België; Frans: Royaume de Belgique; Duits: Königreich Belgien) is 'n land in noordwes Europa begrens deur Nederland, Duitsland, Luxemburg en Frankryk. België het 'n bevolking van amper elf miljoen mense in 'n gebied dertig-duisend vierkante kilometer groot. België lê op 'n kulturele kruispad tussen die Germaanse Europa (met Nederlandssprekende mense in die noorde, die Vlaminge) en die Romaanse Europa (met Franssprekende mense in die suide). Twee hooftale word in België gepraat: Nederlands—soms nie-amptelik Vlaams genoem—in Vlaandere in die noorde; en Frans, in Wallonië in die suide. Die hoofstad, Brussel, is amptelik tweetalig, maar die meerderheid van die inwoners praat Frans. 'n Amptelik erkende minderheid Duitse sprekers is in die ooste gesetel. Die linguistieke diversiteit lei gereeld tot politieke konflik, en word weerspieël in België se ingewikkelde regeringstelsel en politieke geskiedenis. België se naam is afgelei van die gebiede se eerste benoemde inwoners, die Belgae, 'n groep van meestal Keltiese stamme, en van die Romeinse provinsie in noordelike Gallië, wat as Gallia Belgica bekendgestaan het. Geskiedkundig was België deel van die Lae Lande, wat ook Nederland en Luxemburg ingesluit het en 'n effens groter gebied as die huidige Benelux-stategroep gedek het. Van die einde van die Middeleeue tot die sewentiende eeu, was dit 'n vooruitstrewende handel- en kultuurmiddelpunt. Van die sestiende eeu tot met onafhanklikheid in 1830 was België, op daardie stadium die Suidelike-Nederlande genoem, die terrein van talle veldslae tussen die Europese moondhede, en is dit die "die vegkamp van Europa" genoem. Meer onlangs was België 'n stigterslid van die Europese Unie en huisves dit die hoofkantore daarvan, sowel as dié van ander belangrike internasionale organisasies, soos die NAVO. Week 7 Die Ekonomie van Suid-Afrika is die grootste van Afrika en een van die belangrikstes in die Suidelike Halfrond. Suid-Afrika word vandag as een van die gevorderde ontwikkelende lande gereken, en sommige stedelike gebiede beskik reeds oor die infrastruktuur van 'n tipiese nywerheidsland. Nogtans toon groot dele van die land die kenmerke van 'n ontwikkelende land, en meer as die helfte van die Swart bevolking leef tans onder die broodlyn. Suid-Afrika het in die jare ná die algemene verkiesing van 1994 in die rigting van 'n vrye markekonomie beweeg, wat ook sy sosiale verantwoordelikheid teenoor minderbevoorregtes erken. Die transformasie van die ekonomie is nog nie afgesluit nie, en die regering spits hom tans veral op die bestryding van armoede en werkloosheid toe. Die ekonomiese gelykstelling van voorheen-benadeeldes soos vroue, nie-blankes en gestremdes en breë-basis Swart Ekonomiese Bemagtiging geniet tans besondere aandag. Met sy strewe om meer geleenthede aan hierdie benadeeldes te bied en daarmee gepaardgaande maatreëls soos regstellende aksie loop die regering egter ook gevaar om die steun van baie hoogs opgeleide blankes te verloor. Honderdduisende blankes het hulle reeds in oorsese lande gevestig. Daarnaas gooi die VIGS-pandemie en die hoë vlakke van misdaad en geweldpleging 'n skadu oor die land se ekonomiese toekoms. Week 8 Dagbreek (later Dagbreek en Sondagnuus en van 1968 tot en met sy samesmelting met Die Beeld om op 29 November 1970 Rapport te vorm, Dagbreek en Landstem) was 'n Sondagkoerant wat in 1947 in Johannesburg ontstaan het as die eerste Afrikaanse Sondagkoerant. Tydens die eerste helfte van 1959 het Dagbreek en Sondagnuus se sirlukasie gestaan op 123 534 en dié van Die Landstem op 146 170. Skouspelagtige groei volg, met Dagbreek en Sondagnuus wat in 1962 op 150 000 staan en Die Landstem op 165 000. In 1967, die jaar voor die koerante saamsmelt, bereik Dagbreek en Sondagnuus 211 500, moontlik danksy die verdwyning van die Verenigde Party-gesinde Sondagstem, waarvan die sirkulasie in 1962 94 000 was, maar Die Landstem sak terug tot 163 000. Intussen het Die Beeld, Naspers se teenvoeter vir Dagbreek en Sondagnuus in 1965 tot die mark toegetree met 'n in 1967 sirkulasie van 196 000. Week 9 Die Kleurlingstemregvraagstuk was 'n verbete stryd tussen die Nasionale Party onder leiding van dr. D.F. Malan enersyds en andersyds die Verenigde Party onder adv. J.G.N. Strauss, die Torch Commando, Arbeidersparty en bruin organisasies oor die stemreg van sowat 45 000 Kaapse bruin kiesers wat in die Suid-Afrika-wet verskans was, maar wat die N.P. van 1950 af met mag en mening wou wegneem. N.C. Havenga en genl. J.B.M. Hertzog. Hertzog het die Kleurlinge belowe hul stemreg sou onder geen omstandighede aangetas word nie. Havenga het hom deur dr. D.F. Malan laat oorreed om van standpunt te verander en afsonderlike verteenwoordiging vir bruin kiesers in Kaapland te aanvaar. Week 10 Die kat of huiskat is een van die oudste troeteldiere van die mens. Dit is ’n klein, gewoonlik harige, vleisetende soogdier wat tot die biologiese familie Felidae (katagtiges) behoort. Die ou wetenskaplike naam was Felis domesticus, maar is later vervang deur Felis catus of soms Felis silvestris catus. Mense hou katte aan vir geselskap en hul vermoë om klein knaagdiere soos muise en rotte te vang. Katte is al minstens 9 500 jaar deel van die mens se lewe en is vandag die gewildste troeteldier. Hulle word om dié rede feitlik oral ter wêreld aangetref. Katte se anatomie is dieselfde as dié van ander lede van die Felidae-familie. Hulle het sterk, buigbare lywe, vinnige reflekse, skerp naels wat teruggetrek kan word en tande wat aangepas is om klein prooi dood te maak. Hulle kan besonder goed hoor en in die donker sien. Hulle kan klanke van ’n hoë frekwensie hoor wat die mens nie kan nie. Hul reukvermoë is ook baie beter. Hoewel hulle alleen jag, is katte baie sosiale diere en hulle kan op verskeie manier kommunikeer, soos deur te miaau, spin, sis en grom, asook deur feromone (chemiese afskeidings) en hul liggaamshouding. Die teling van opregte katte is ’n gewilde bedryf. Talle katrasse bestaan; sommige het natuurlik ontstaan en ander deur mutasie of teling, en nuwes word voortdurend ontwikkel. Week 11 Brussel (Nederlands en Afrikaans, Frans: Bruxelles, Duits: Brüssel, Engels: Brussels) is die hoofstad en politieke, ekonomiese en kulturele sentrum van België met 'n oppervlakte van 32,61 vierkante kilometer en 157 673 inwoners (1 Januarie 2010). Saam met 18 ander stede en gemeentes vorm Brussel 'n metropolitaanse gebied met sowat een miljoen oorwegend Franssprekende inwoners wat van hierdie histories Nederlandssprekende stad tans een van die grootste Franssprekende agglomerasies buite Frankryk asook die mees noordelike stad van die Romaanse taal- en kultuurgebied in Europa maak. Vanweë sy rol as Belgiese hoofstad is Brussel nogtans amptelik tweetalig, waarby sommige openbare instellings ook Duitse benamings het. Die stad vervul sowel nasionale funksies as administratiewe hoofstad van die Gewes Brussel-Hoofstad (Brusselse Hoofstedelike Gewes of Région de Bruxelles-Capitale) en die Franse en Vlaamse Gemeenskappe van België, asook internasionale funksies as die administratiewe hoofstad van die Europese Unie, as die setel van 120 internasionale organisasies en 159 ambassades met meer as 2 500 diplomate, wat van Brussel die tweede belangrikste stad vir diplomatieke betrekkinge na Washington, D.C. maak. In 2009 was Brussel die wêreld se tweede belangrikste kongresstad ná Singapoer. Brussel huisves ook die hoofkwartiere van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO), die Sekretariaat-Generaal van die Benelux-Unie van België, Nederland en Luxemburg en sowat 1 400 nie-regeringsorganisasies (NRO's). Die stad word deur twee moderne lughawens bedien, Brussel-Nationaal in die Vlaamse voorstad Zaventem en Bruxelles-Sud ("Brussel-Suid") in Gosselies naby Charleroi. Brussel beskik oor 'n markplein wat onder die mooistes ter wêreld gereken word (die Grand-Place of Groot Markplein van Brussel), tientalle musea en voorbeelde van historiese boustyle. Terselfdertyd is dit 'n stad wat steeds vernuwing ondergaan en daar is nou moderne stadswyke wat deur administratiewe en sakegeboue oorheers word. Uitgestrekte parke en bosgebiede in die stad self en in die omgewing is rusplekke vir die besige Brusselaars. Besienswaardighede buitekant Brussel sluit die Forêt de Soignes ("Zoniënwoud") en die Koninklike Museum vir Sentraal-Afrika in Tervuren ('n oostelike Vlaamse voorstad), asook die dorpie Waterloo (in die provinsie Waals-Brabant) in, waar met die historiese slag van die jaar 1815 die tydperk van Napoléon Bonaparte tot 'n einde gekom het. Week 12 Mars is die vierde planeet vanaf die Son in ons Sonnestelsel. Die planeet is vernoem na Mars, die Romeinse god van oorlog. Daar word ook na Mars as die "Rooi Planeet" verwys, aangesien die planeet rooierig vertoon wanneer dit vanaf die aarde besigtig word. Mars is 'n aardse planeet met 'n dun atmosfeer. Die planeet se oppervlakeienskappe herinner beide aan die impakkraters van die Maan én die vulkane, valleie, woestyne en poolkappe van die Aarde. Mars is ook die tuiste van Olympus Mons, die hoogste bekende berg in die Sonnestelsel, en van Valles Marineris, die grootste diepkloof. Behalwe vir die planeet se geografiese eienskappe, is Mars se omwentelingsperiode en seisoenale siklusse ook soortgelyk aan dié van die Aarde. Tot en met die eerste verbyvlug deur Mariner 4 in 1965, is daar gespekuleer dat daar moontlik vloeibare water op die planeet se oppervlak kan wees. Hierdie spekulasies is gebaseer op periodiese wisselings in lig en donker dele, veral in die poolbreedteliggings, wat soos seë en kontinente gelyk het, terwyl lang, donker groewe deur sommige waarnemers geïnterpreteer is as besproeiingskanale vir vloeibare water. Dit is later bewys dat hierdie reguit groewe of lyne nie werklik bestaan nie, maar bloot 'n optiese illusie is. Van al die planete in die Sonnestelsel, word Mars egter steeds beskou as die waarskynlikste om vloeibare water te besit en miskien ook lewe. NASA het in Julie 2008 die bestaan van bevrore water op die oppervlak bevestig. Mars word tans omring deur drie werkende, omwentelende ruimtetuie: die Mars Odyssey, Mars Express, en Mars Reconnaissance Orbiter. Geen ander planeet, behalwe die Aarde, besit soveel wenteltuie nie. Die oppervlak van die planeet is ook die tuiste van die twee Mars Exploration Rovers (die Spirit en die Opportunity), asook die Phoenix-landingstuig. Geologiese bewyse wat deur hierdie en voorafgaande missies versamel is, stel voor dat Mars voorheen 'n groot-skaalse waterdekking gehad het, terwyl waarnemings ook aandui dat klein, geyseragtige waterstromings moontlik in onlangse jare plaasgevind het. Waarnemings deur Nasa se Mars Global Surveyor wys dat dele van die suidelike poolkap aan die afneem is. Mars het twee mane: Phobos en Deimos. Beide die mane is klein en het onreëlmatige vorms. Hulle is moontlik gevange asteroïdes, soortgelyk aan 5261 Eureka, een van Mars se Trojaanse asteroïdes. Mars kan met die blote oog van die Aarde af gesien word. Sy skyngrootte nader -2,9: slegs Venus, die Maan en die Son is fisies helderder, alhoewel Jupiter aan die blote oog gewoonlik helderder as Mars vertoon. Week 13 Fins ( , of suomen kieli) behoort tot die Oosseefinse tak van die Fins-Oegriese tale, wat een van die twee subfamilies van die Oeraalse tale verteenwoordig. Fins is nou verwant aan Estnies en verlangs aan Hongaars. Dit is naas Sweeds een van die twee amptelike tale van Finland met sowat 4,7 miljoen moedertaalsprekers (92 persent van die totale bevolking) en ook een van die ampstale van die Europese Unie. Fins is ook 'n amptelike minderheidstaal in Swede, waar dit deur sowat 300 000 inwoners gepraat word. Daar is ook klein Finstalige groepe in die Noord-Noorse streek Finnmark, in die Russiese Republiek van Karelië en in Estland. Fins verskil as 'n Fins-Oegriese taal, net soos Hongaars, in baie opsigte sterk van die Indo-Europese tale, wat oorwegend in Europa gepraat word. Oor die eeue heen het die kontak met Indo-Europese tale egter 'n groot invloed op byvoorbeeld die sinsbou en woordeskat van die Finse taal uitgeoefen. 'n Groot aantal Germaanse leenwoorde verskyn reeds baie vroeg in die taal, en taalhistorici gebruik hierdie Finse woorde soos rengas ("ring") onder meer vir hulle ondersoeke oor die destydse Germaanse klanke. Kenmerke van Fins is die groot getal naamvalle (15), agglutinasie, 'n ingewikkelde morfofonologie wat onder meer vokaalharmonie en konsonantgradasie insluit, die afwesigheid van 'n grammatikale geslag (of genus) en die klein getal konsonante. Week 14 Martha Mabel Jansen (gebore Pellissier, Bethulie, 1 November 1889 - Pretoria, 8 Januarie 1979) was ’n Suid-Afrikaanse opvoedkundige, skrywer, joernalis, kultuurleier, politikus en baanbreker in die bevordering van Afrikaans, asook die eggenote van die eerste Afrikaanssprekende en die voorlaaste goewerneur-generaal van die Unie van Suid-Afrika, dr. E.G. Jansen. Mabel was ’n dogter van mnr. S. Pellissier en kleindogter van eerw. Jean Pellissier, ’n Franse sendeling wat in 1831 in Suid-Afrika aangekom het en die Londense Sendinggenootskap se sendingstasie op die teenswoordige Bethulie in die Suid-Vrystaat namens die Franse Sendinggenootskap kom oorneem het omdat eerw. Clark die werk in Julie 1833 as hopeloos laat vaar het. Haar moeder was ’n dogter van ds. Piet Roux, die eerste leraar (in 1853 bevestig) en grondlegger van die NG gemeente Smithfield. Roux was die eerste konsulent van Bethulie se gemeente toe dit in 1862 gestig is. Jansen se neef was die stigter van die Volkspelebeweging, dr. Samuel Henri Pellissier en haar broer, George Murray Pellissier (1881 - 1954), agtereenvolgens die predikant van NG gemeente Pietermaritzburg, Dundee, Carolina en later professor in die teologie aan die Universiteit van Pretoria se fakulteit teologie (afdeling B). Week 15 Armenië (Armeens: Հայաստան Hayastan, Հայք Hayq), amptelik die Republiek van Armenië, is 'n klein landomringde land in die suidelike Kaukasus, tussen die Swartsee en die Kaspiese See, begrens deur Turkye in die weste, Georgië in die noorde, die Republiek van Nagorno-Karabach (Artsach) en Azerbeidjan in die ooste en Iran en die Naxçıvan-eksklave van Azerbeidjan in die suide. Armenië is een van die oudste kultuurlandskappe op aarde met 'n ryk kulturele erfenis wat ondanks sterk oosterse invloede 'n unieke Christelike beskawing ontwikkel het. Dit was die eerste land ter wêreld wat die Christendom as amptelike godsdiens aanvaar en met die Armeens-Apostoliese geloof in die 4de eeu n.C. 'n nasionale kerk geskep het. Die heilige berg van die Armeniërs, Ararat, is tans egter buite Armenië se staatsgebied in Turkye geleë. Ook die meerderheid Armeniërs het hulle in die buiteland gevestig. Van die altesaam agt miljoen Armeniërs leef tans slegs sowat drie miljoen in die Republiek van Armenië. Verdrywings en etniese suiwerings loop soos 'n draad deur die geskiedenis van die Armeniërs. As Christelike minderheid in Islamitiese lande soos Turkye en Azerbeidjan - en dikwels ook as ekonomies suksesvolle groep - het hulle verskeie kere slagoffers van etniese en godsdienstige onderdrukking geword. Vanaf die 15de eeu was Armenië 'n omstrede land tussen die Ottomaanse en die Persiese Ryk. In die 19de eeu het die Russiese heerskappy oor die Kaukasusgebied met Oos-Armenië begin. Wes-Armenië, 'n gebied in Klein-Asië, was deel van die Ottomaanse Ryk. Hier het in 1895 en 1896 eerste massiewe etniese suiwerings en massamoorde plaasgevind. Die Armeense volksmoord, wat in 1915 in die Turkse Ottomaanse Ryk begin het nadat Armeniërs as bondgenote van buitelandse Christelike magte afgestempel is, het honderdduisende, moontlik 1,5 miljoen menselewens geëis. Die volksmoord, wat deur Turkye as regsopvolger van die Ottomaanse Ryk nie amptelik erken word nie, is steeds 'n traumatiese ervaring wat deur Armeniërs dikwels Aghet of die Groot Ramp genoem word. Tussen 1920 en 1989 was Armenië 'n relatief welvarende republiek van die Sowjetunie, maar het ná sy onafhanklikwording deur 'n sterk aardbewing, die moeilike proses van ekonomiese transformasie, die groot afhanklikheid van energie-invoere en die konflik met Azerbeidjan oor die Nagorno-Karabach-gebied, 'n enklawe in Azerbeidjan wat hoofsaaklik deur Armeniërs bewoon word, in 'n moeilike ekonomiese posisie beland. Week 16 Reeds tydens haar tienerjare het sy welslae op plaaslike eisteddfods behaal. Haar sangafrigter was die Walliese sopraan Gwladys Jones Webber. Tydens haar studie aan die Onderwyskollege in Pretoria het sy haar sangafrigting tydelik gestaak, maar dit in 1951 in Johannesburg onder Stella Cavalli hervat. Eva Harvey het aangebied om verdere studie te finansier toe Veenemans in enkele verhoogproduksies opgetree het en bekendgeraak het weens radio-uitsendings. In 1961 vertrek sy na Wenen waar sy ses maande studeer. Met haar terugkeer na Suid-Afrika word sy gekies om Adele in Die Fledermaus van Johan Strauss II te sing tydens 'n opvoedkundige toer van die Suid-Afrikaanse Operavereniging (OPSA). Met die opening van Johannesburg se Stadskouburg in 1962 kry sy die rol van Hänsel in Humperdinck se opera oor Hansie en Grietjie. Drie jaar later besluit sy om haar voltyds op haar sangloopbaan toe te spits en sing in verskeie opvoerings van die destydse streeksrade, in musiekrolprente en neem sy ook talle plate met gewilde nommers op, waarvan "Liefste Madelein", gegrond op 'n Russiese volkswysie, die bekendste is. Vir haar operarolle is sy dikwels afgerig deur Jossie Boshoff en Joyce Barker. In 1969 bring sy besoek aan Milaan vir verdere opleiding. Sy sterf in 1973 in 'n motorongeluk op die nasionale pad naby Prins Albert. Ondanks die raad van vriende en kollegas het sy op die aand van haar dood besluit om Johannesburg toe te ry ná 'n uitvoering in die Nico Malan-operahuis in Kaapstad. Haar suster, Barbara Veenemans is een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde opera soprane wat vir al die streeksrade hoofrolle in Suid-Afrika gesing het. Barbara se sangloopbaan het oor 45 jaar gestrek. Leonore se broer, Bennie Veenemans (as seunsopraan), het ook gesing en opnames gemaak. Bennie word beskou as een van die beste seunsoprane wat Suid-Afrika nog opgelewer het. Hy het tallose kunswedstryde gewen en in talle konserte met die beste sangers van sy dag, soos Emma Renzi en Webster Booth, opgetree. Hy het hom later as mediese dokter bekwaam en op Hazyview 'n praktyk gehad. Week 17 Azerbeidjan of Aserbeidjan, amptelik die Republiek van Azerbeidjan, is die beduidendste land in die suidelike Kaukasus-streek van Eurasië. Azerbeidjan word begrens deur die Kaspiese See in die ooste, Rusland in die noorde, Georgië in die noordweste, Armenië in die weste en Iran in die suide. Die land, wat in 1920 met geweld by die Sowjetunie ingelyf is, het sy onafhanklikheid in 1991 met die verbrokkeling van dié staat herwin. Azerbeidjan se historiese en kulturele erfenis strek so ver terug as die begin van die menslike beskawing. Die land is een van 'n reeks gebiede op aarde waarna as die "wieg van die mensdom" verwys word en lê in die hartland van 'n aantal antieke beskawings. Tans is Azerbeidjan een van ses onafhanklike state met Turkiessprekende bevolkings, 'n lidstaat van die Turkiese Raad en TÜRKSOY, 'n internasionale organisasie met sy hoofkwartier in Ankara wat die gemeenskaplike administrasie van Turkiese kultuur en kunste behartig. Die land, wat homself as regsopvolger van die eerste demokratiese en sekulêre Islamitiese staat op aarde, die Demokratiese Republiek van Azerbeidjan, beskou, is steeds een van die mees progressiewe en sekulêre samelewings in die Islamitiese kultuurkring. Sy vooruitstrewende ekonomie baseer op sy olie- en gasrykdomme. 'n Poëtiese bynaam van Azerbeidjan is "Land van Vlamme" of "Land van Vuur", 'n verwysing na die brandende aardgasbronne wat in antieke tye as die "Heilige Vuur van Bakoe" vereer is, maar ook na die land se verlede as een van die sentrums van die Zoroastrisme, die voor-Islamitiese godsdiens van Persië met sy kenmerkende vuurtempels. Veral in landelike gebiede is die Islamitiese godsdiens deurweef met elemente uit antieke kultusse. Week 18 Dr. Frans Vredenrijk Engelenburg (Arnhem, Nederland, 17 Maart 1863 - Pretoria, Suid-Afrika, 21 Augustus 1938) was 'n Suid-Afrikaanse joernalis en koerantredakteur en twee maal voorsitter van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Engelenburg het uit 'n welgestelde Nederlandse familie gekom. Sy vader was Frans Thomas Vredenrijk Engelenburg en sy moeder Anna Maria Koopmans. Hy behaal sy doktorsgraad in die regte in 1889 met lof aan die Universiteit van Leiden, waarna hy hom as advokaat vestig in Den Haag. Hy was 'n ruk lank 'n medewerker van die Dagblad van Zuid-Holland en 's-Gravenhage in Den Haag asook talle ander Europese koerante. Hy besoek die Kaap in 1889 as gas van sy aangetroude tante Marie Koopmans-De Wet, wat vir hom 'n voorstellingsbrief aan pres. Paul Kruger gee. Hulle het die eerste keer in 1881 ontmoet toe sy haar eerste reis na Europa onderneem het en het gou heg bevriend geraak omdat albei in kuns belanggestel het. Engelenburg het op sy eerste besoek aan die Kaap besluit om hom as advokaat in Transvaal te gaan vestig, maar word dieselfde jaar nog redakteur van De Volksstem teen 'n vergoeding van £25 per jaar. Hy sou later 'n tyd lank mede-eienaar van die koerant word. Week 19 Wladimir Wladimirowitsj Poetin (Russies: Влади́мир Влади́мирович Пу́тин; gebore 7 Oktober 1952) is ’n Russiese politikus. Hy was van 2000 tot 2008 die tweede president van Rusland en daarna vier jaar lank eerste minister onder Dmitri Medwedef. Met die presidentsverkiesing van 4 Maart 2012 is hy weer verkies tot president vir 'n verlengde termyn van ses jaar. Hy is op 7 Mei as president beëdig. Hy het op 31 Desember 1999 waarnemende president geword nadat Boris Jeltsin die amp neergelê het. In 2000 het hy die presidentsverkiesing gewen en in 2004 is hy vir ’n tweede termyn herkies tot 7 Mei 2008. Hy kon volgens die Russiese grondwet nie vir ’n derde agtereenvolgende termyn herkies word nie. Poetin is voorsitter van Verenigde Rusland, ’n party wat 70% van die setels het in die Staatsdoema (laerhuis). Poetin het sedert 2000 weer politieke stabiliteit en ekonomiese vooruitgang gebring en die krisis van die 1990's onder Jeltsin se bewind beëindig.". Nadat hy president geword het, het die Russiese ekonomie nege jaar agtereenvolgens gegroei, armoede is met meer as 50 persent verminder en die gemiddelde maandelikse salaris het van $80 tot $640 gestyg. Hy het Rusland ook gevestig as ’n energie-supermoondheid. Poetin se bewind is deur baie Westerse waarnemers as ondemokraties beskou, veral weens sy onderdrukking van persvryheid en sy hardhandige optrede teen betogers en teenstanders van die regeringsbeleid. In Rusland was hy egter baie gewild omdat hy stabiliteit en welvaart gebring het. Dit is onder meer weerspieël deur die feit dat sy gewildheid sedert einde 1999 tot aan die einde van sy tweede ampstermyn nooit onder 50% gedaal het nie en in Junie 2007 selfs tot 81% gestyg het, volgens ’n meningspeiling deur die Lewada-sentrum in Rusland. Hy was ook die tydskrif Time se Persoon van die Jaar vir 2007. In die media het Poetin die beeld van ’n sportiewe, macho buitelugmens. Hy vertoon dikwels sy fisieke vermoëns en neem deel aan ongewone of gevaarlike bedrywighede soos ekstreme sport. Hy is ’n groot aanhanger van die vegkunste en was in sy jong dae verskeie kere Kampioen van Leningrad in judo en sambo. Hy het ook ’n groot rol gespeel in die ontwikkeling van sport in Rusland, veral om Sotsji te help om die bod vir die Olimpiese Winterspele 2014 te wen. Week 20 Die Kaaplandse Vrouesendingbond (VSB) is in 1889 op Wellington gestig om vroue uit te stuur na verskeie velde om sending- en opheffingswerk te doen. In 1893 kon die VSB sy eerste werksters, waaronder mej. Maria Kloppers, na Johannesburg en na Fordsburg stuur. Die werk aan die Rand was besonder moeilik, veral in die “Brickyards” waar baie Afrikaanssprekendes in die allertreurigste omstandighede gewoon het. Hier het hulle bakstene gemaak wat gebruik is om die toenemende aantal geboue in die ontluikende Johannesburg op te rig. Die werksters moes dikwels eers die huise skoonmaak voordat hulle enige ernstige gesprek met die inwoners kon aanknoop. Mej. Ferguson besoek die werksters in 1895 (toe daar reeds vyf was) in Johannesburg en Fordsburg. Sy het diep onder die indruk gekom van die selfopofferende en veeleisende werk wat hulle daar gedoen het, want behalwe huisbesoek, bidure, Sondagskole en Kinderkranse, moes hulle gedurig siekes verpleeg, elke dag die siekes en armes van kos voorsien en ook nog werkgeleentheid vir baie soek. Week 21 Die Bieszczady [bʲɛ'ʃtʃadɨ] is 'n afgeleë en yl bevolkte berglandskap in die suid-ooste van Pole en aangrensende gebiede in Slowakye en Oekraïne. In sy nouer betekenis verwys die naam na 'n deel van die Oostelike Beskiede-bergreeks in Pole en Slowakye (Pools: Bieszczady, Slowaaks: Bukovské vrchy). Die Oostelike Beskiede word dikwels ook Poolse Woudkarpate genoem. Die hoogste bergpieke is die Tarnica in Pole (1 346 m bo seevlak) en Pikoei in Oekraïne (1 405 m). Die Bieszczady-gebied het vanaf die 14de eeu deel uitgemaak van Pole, maar is vanweë sy afgeskeidenheid nouliks deur belangrike geskiedkundige gebeurtenisse geraak. Dit het sy besondere karakter deur die inheemse Roeteense bevolking (Oos-Slawiese Bojke en Lemke) gekry. Politieke en etniese geskille het tot die tragiese gebeure in die jare ná die Tweede Wêreldoorlog gelei toe 'n groot deel van die inwoners na ander gebiede verdryf is. Week 22 Prof. Adriaan Moorrees (Malmesbury, 18 Augustus 1855 – Seepunt, Kaapstad, 17 November 1938) was 'n predikant, teoloog en leier in die Nederduitse Gereformeerde Kerk, hoogleraar aan die Kweekskool op Stellenbosch en skrywer. Hy was die seun van ds. J.C. le Febre Moorrees (1807-'85), predikant van die NG gemeente Swartland van 1833 tot 1881, na wie Moorreesburg vernoem is, en Helena Sophia Basson. Sy grootvader Adriaan Moorrees (1781-1815) het van Groningen in Nederland na die Kaap gekom as die stamvader van die Moorrrees-familie in Suid-Afrika. Hy was getroud met Anna Barbara Smuts. Adriaan Moorrees het die eerste lewenslig in die pastorie op Malmesbury aanskou as die jongste van vyf kinders. Die ander vier was: Adriaan Hendrik (geb. November 1835), Jan Willem (geb. 24 Julie 1838), Anna Barbara (geb. 3 Desember 1840) en Hilletjie Geertuyda (geb. 26 Januarie 1845). Sy moeder het hy skaars twee weke ná sy geboorte, op 3 September, verloor en is toe grootgemaak deur sy tante mev. Klara Loedolff. Sy vader het weer getrou, op 31 Januarie 1857 in Kruisvallei, Tulbagh, met Catharina Johanna Smuts (23 November 1815 - 13 September 1887). Maria Klara Loedolff (2 Maart 1814 - 22 Julie 1887) was Adriaan se vader se suster en die vrou van Hugo Hendrik Loedolff (17 Junie 1904 - 12 Augustus 1864), wat eiehandig daarvoor verantwoordelik was om ’n skeiding in die NG Kerk binne en buite die Kaapkolonie te bewerkstellig wat eers ’n eeu later herstel sou word. Loedolff was ook verteenwoordiger van die kiesafdeling Malmesbury in die ou Kaapse Wetgewer van 1854 tot 1864, dus in die tyd toe die baba Adriaan by hulle gaan woon het. Die Loedolffs het 'n groot rol in die opvoeding van die latere professor gespeel. Nadat Moorrees tot op ongeveer die ouderdom van 14 jaar op Malmesbury skoolgegaan het, gaan hy na die South African College (die latere Universiteit van Kaapstad) vir sy voorbereidende akademiese opleiding. Van 1874 af studeer hy aan die Stellenbosse Kweekskool, waar hy sy kandidaatseksamen in 1877 aflê, en daarna 'n jaar lank aan die Universiteit van Utrecht in Nederland onder hoogleraars soos J.J. Oosterzee en Nicolaas Beets. Week 23 Die Aarde is die derde planeet van die Son af. Dit is die vyfde grootste planeet in die Sonnestelsel en die grootste van die aardse planete in die Sonnestelsel wat deursnit, massa en digtheid betref. Die Aarde is die tuiste van miljoene spesies, waaronder ook die mens, en is die enigste plek in die heelal waar, sover kennis strek, lewe bestaan. Die planeet het 4,54 miljard jaar gelede ontstaan en lewe het binne die volgende miljard jaar op sy oppervlak verskyn. Sedertdien het die Aarde se biosfeer die atmosfeer en ander abiotiese faktore sodanig verander, dat die aerobiese organismes vinnig toegeneem het en die osoonlaag gevorm het, wat saam met die Aarde se magneetveld skadelike straling blokkeer en só lewe op land moontlik maak. Die Aarde se fisiese eienskappe, saam met sy geologiese geskiedenis en wentelbaan, het die volgehoue bestaan van lewe in hierdie periode toegestaan; daar word verwag dat die planeet vir die volgende 1,5 miljard jaar sal volhou om lewende organismes te onderhou, waarna die stygende ligsterkte van die Son die biosfeer sal vernietig. Die Aarde se buitenste laag word in verskeie segmente, of tektoniese plate, verdeel. Hierdie plate beweeg langsamerhand oor die oppervlak oor 'n tydperk wat miljoene jare duur. Ongeveer 71% van die oppervlak word deur oseane bedek en die res deur kontinente en eilande. Lopende water is noodsaaklik vir alle bekende lewensvorms en sover bekend bestaan daar geen lopende water op enige ander planeet se oppervlak nie. Die Aarde se binnenste dele is steeds aktief, met 'n dik mantellaag (wat relatief solied is), 'n vloeibare buitekern (wat die magneetveld skep) en 'n binnekern wat uit soliede yster bestaan. Die Aarde is in wisselwerking met ander voorwerpe in die ruimte, soos die Son en die Maan. Vir elke een keer wat die Aarde om die Son wentel, wentel dit ook ongeveer 365,26 keer om sy eie as; hierdie tydperk staan as 'n sterrejaar bekend. Die Aarde het 'n skuins as: dit lê in 'n helling van 66,6 grade ten opsigte van sy baanvlak (die baan waarin die planeet om die son wentel) en dit is hierdie skuinste van die as wat tot die verskillende seisoene in 'n jaar lei. Die Aarde se enigste werklike natuurlike satelliet, die Maan, is verantwoordelik vir die getye van die oseane. Verder stabiliseer die Maan die Aarde se as en vertraag hy stadigaan die planeet se omwenteling. Week 24 Berlyn (Duits: Berlin) is die hoofstad en grootste stad van Duitsland met 'n bevolking van 3,5 miljoen in die stad self en sowat 4,35 miljoen in die metropolitaanse gebied wat onder meer Potsdam insluit. 493 800 buitelanders leef in Berlyn, waaronder van die grootste Turks- en Russiessprekende gemeenskappe in Europa. Na Londen is Berlyn die tweede grootste stad in die Europese Unie en een van sy grootste metropolitaanse gebiede. Berlyn lê in die noord-ooste van die huidige Duitsland en word omring deur die deelstaat Brandenburg. Die stad het in die verloop van sy geskiedenis meermale as die hoofstad van Duitse state soos die Keurvorstedom Brandenburg (1417 tot 1618), Brandenburg-Pruise (1618 tot 1701), die Koninkryk Pruise (1701 tot 1918), die Duitse Keiserryk (1871 tot 1918), die Republiek van Weimar (1918/1919 tot 1933), Nazi-Duitsland (1933 tot 1945) en die Duitse Demokratiese Republiek (DDR, 1949 tot 1990) gedien. Met die ontbinding van die ou provinsie Pruise deur die geallieerde magte in die jaar 1947 het Berlyn 'n afsonderlike deelstaat geword. Ná die hereniging van die twee Duitse state op 3 Oktober 1990 het Berlyn sy ou funksie as hoofstad van die hele Duitsland herwin en is sedert die jaar 1999 ook weer die setel van die Duitse regering en parlement. Die stad vorm tans nie meer die ekonomiese sentrum van Duitsland nie, maar dit bly een van die invloedrykste hoofstede van die Europese Unie en ontwikkel veral danksy sy ryk kulturele erfenis tot een van die gewildste toeristebestemmings in Europa. Berlyn beskik oor eersterangse tersiêre onderwysinstellings, wetenskaplike institute, teaters, museums, argitektoniese besienswaardighede en 'n polsende naglewe, wat almal wêreldfaam het. Dit is lankal nie meer die rykste stad van Duitsland nie, maar nog steeds sy opwindendste. Berlyn was en is veral 'n smeltkroes van kulture en leefstyle. Week 25 Argentinië (Spaans: Argentina), amptelik die Republiek van Argentinië (Spaans: República Argentina), is 'n Spaanssprekende land in die suide van Suid-Amerika, tussen die Andesgebergte en die suidelike Atlantiese Oseaan. Die naam "Argentinië" is afgelei van die Latynse woord argentum ("silwer"), 'n edelmetaal wat 'n belangrike rol gespeel het in die opkoms van Europese kolonialisme in Argentinië. Argentinië grens in die noorde aan Bolivië en Paraguay, in die ooste aan Brasilië en Uruguay, suid van die Río de la Plata aan die Atlantiese Oseaan en in die weste aan Chili. Argentinië maak aanspraak op 'n sektor van Antarktika (Spaans: Antártida), die Falkland-eilande (Spaans: Islas Malvinas) en ander Suid-Atlantiese eilande (Spaans: Islas del Atlántico Sur) soos Suid-Georgië, die Suid-Shetland-, Suid-Sandwich- en Suid-Orkney-eilandgroep. In 2001 het ekonomiese probleme, insluitend die wanbetaling van buitelandse skuld, gelei tot bloedige onluste en die val van die regering. Ekonomiese maatreëls soos die ontkoppeling van die peso van die dollar het vervolgens tot ekonomiese herstel gelei en Argentinië is nou ook 'n gewilde toeristebestemming, aangehelp deur die gunstige wisselkoers teenoor meeste belangrike geldeenhede. Argentinië se totale buitelandse skuldlas het in 2009, te midde van die internasionale finansiële krisis, nogtans weer tot 145 miljard VSA-$ gestyg. Week 26 Die Nasionale Krugerwildtuin is die grootste wildreservaat in Suid-Afrika, en 'n trekpleister vir internasionale en plaaslike toeriste. Die park strek ongeveer 350 kilometer van noord na suid en 60 kilometer van oos na wes. Die park grens in die ooste aan Mosambiek en in die noorde aan Zimbabwe. Die park strek oor twee Suid-Afrikaanse provinsies, Mpumalanga en Limpopo. Die Krugerwildtuin maak nou deel uit van die Groter Limpopo Oorgrenspark, 'n vredespark wat die Krugerwildtuin kombineer met twee nasionale parke in sy buurlande: die Gonarezhou Nasionale Park in Zimbabwe, en die Limpopo Nasionale Park in Mosambiek. Meer as 'n miljoen toeriste besoek die Krugerwildtuin elke jaar. Die park bevat ongeveer 2 000 plantspesies, 507 voëlspesies, 147 soogdierspesies, 114 reptielspesies, en 49 visspesies. Die sogenaamde "Groot Vyf" diere kan in die park gesien word, naamlik die leeu, olifant, renoster, buffel, en luiperd. Week 27 Moskou (Russies: Москва [mɐ'skva]) is die hoofstad en die politieke, kulturele en ekonomiese sentrum van die Russiese Federasie. Die stad, wat in die middel van die Europese deel van Rusland in die heuwelland van die Moskwa-rivier geleë is, is met 11 612 943 inwoners in die stad (soos op 1 Januarie 2012) en meer as 15 miljoen (of 'n tiende van die totale Russiese bevolking) in die metropolitaanse gebied en 'n oppervlakte van 2 510 vierkante kilometer die grootste stad van die land en ook van Europa. Die eerste verwysing na Moskou kom in 'n kroniek uit die jaar 1147 voor. Met die ontstaan van 'n Russiese Ryk omstreeks 1300, waarvan Moskou in die 15de eeu die hoofstad geword het, het Moskou vinnig tot die beduidendste metropool in Rusland gegroei. Selfs nadat die administratiewe sentrum van Rusland deur Pieter die Grote in 1712 na Sint Petersburg verskuif is, is Russiese heersers steeds in Moskou bekroon en het die stad die ekonomiese en geestelike sentrum van Rusland gebly. Die Russies-Ortodokse patriarg het sy setel sedert 1598 in Moskou. Die stadskern word gevorm deur die Kremlin-vesting uit die 15de en 16de eeu en Rooiplein (wat in 1990 tot wêrelderfenisgebied verklaar is), met die Lenin-mausoleum, die 16de eeuse Sint Basilius-katedraal met sy nege koepels, die afdelingswinkel GUM (1888-1893) en die Historiese Museum wat tussen 1878 en 1883 ontstaan het. Moskou het in 1918 die hoofstad van die Russiese Sosialistiese Federale Sowjetrepubliek (RSFSR) geword, daarna tussen 1922 en 1991 as administratiewe sentrum van die Sowjetunie gedien en in 1991 hoofstad van die Russiese Federasie geword. Week 28 Skotland (Engels: Scotland, Skots-Gaelies: Alba [ˈaləpə], Latyns-Kelties: Caledonia) is 'n deelstaat in die noordweste van Europa en vorm een van die vier deelstate van die Verenigde Koninkryk. Die hoofstad, Edinburg (Engels: Edinburgh), is net soos Glasgow, die grootste stedelike nedersetting in die land, een van die belangrikste finansiële sentrums in Europa. Skotland beslaan met 78 772 vierkante kilometer sowat een derde van Groot-Brittanje se oppervlakte en grens aan Engeland in die suide. Die grenslyn loop oor 'n afstand van 96 kilometer tussen die Tweedrivier aan die ooskus en die Solway Firth in die weste. In die ooste word Skotland deur die Noordsee begrens, in die noorde en weste deur die Atlantiese Oseaan, en in die suidweste deur die Noordelike Kanaal en die Ierse See. Die eiland Ierland lê sowat 30 kilometer van Skotland se mees suidwestelike landtong af. Naas die vastelandse gebied is daar meer as 790 eilande. Skotland beskik oor die grootste reserwes van ru-olie in die Noordelike Atlantiese Oseaan en die Noordsee. Die Koninkryk van Skotland het tot 1 Mei 1707 as 'n onafhanklike staat bestaan en het daarna volgens die Wet van Vereniging (Acts of Union) met die Koninkryk van Engeland saamgesmelt om die Koninkryk van Groot-Brittanje te vorm. Week 29 Réunion (Frans: La Réunion) is 'n eiland en oorsese département (département d'outre-mer, of DOM) van Frankryk, geleë in die Indiese Oseaan omtrent 700 kilometer oos van Madagaskar en 200 kilometer suidwes van Mauritius, met 'n oppervlak van 2 512 vierkante kilometer en 840 000 inwoners ("Réunionnais"). Soos ander oorsese Franse gebiede is Réunion ook een van die 27 régions van Frankryk met 'n status soortgelyk aan dié van die metropolitaanse Frankryk op die Europese vasteland. Réunion maak deel uit van die Europese Unie en was danksy sy ligging die eerste gebied ter wêreld waar Euro-banknote en munte ingevoer is. President Paul Vergés was die eerste verbruiker wat sy inkopies met Euro's betaal het. Réunion is danksy die natuurskoon en die onmiddellike ervaring van die vier elemente vuur, water, aarde en lug, wat sy ongerepte landskappe en landvorms bied, nou een van die gewildste reisbestemmings vir Franse toeriste. Week 30 Die pylsterteend (Anas acuta) is 'n algemene en wydverspreide eend wat oor groot dele van Noord-Amerika, Europa en Asië voorkom, asook in sekere streke in Afrika. Die spesie kom ook voor in 'n klein strekie in Suidelike Afrika en word dus ook as 'n Suider-Afrikaanse voël beskou. Hulle is streng nomadies. Buite die paarseisoen is hulle hoogs gesellig en vorm groot gemengde swerms met ander eende. Eilandbevolkings het afgesplinter en ontwikkel in aparte spesies soos Eaton se pylsterteend (Anas eatoni), 'n nabyverwante spesie waarvan twee vorme op die Kergueleneilande (Anas eatoni eatoni), en Crozeteilande (Anas eatoni drygalskyi) in die Suidelike Indiese Oseaan gevind word. In beide gevalle ontwikkel die manlike voēls nie volle broeivere nie. Bedreigings vir die pylsterteend sluit in: voëlgriep en verlies van watergebiede as gevolg van ontwikkeling, besoedeling en indringerplante. Week 31 Tegnesium is 'n chemiese element in die periodieke tabel met die simbool Tc en atoomgetal van 43. Die chemiese eienskappe van hierdie silwergrys, radio-aktiewe, kristallyne oorgangsmetaal lê iewers tussen renium en magnesium. Die isotoop met die kortste leeftyd, Tc-99m, word gebruik in die kerngeneeskunde om sekere soorte kankers mee te diagnoseer. Tc-99 word gebruik as 'n gammastraalvrye bron van betastrale en sy pertegnaat-ioon kan moontlik gebruik word as korrosieweerder in staal (hierdie gebruik word egter beperk vanweë tegnesium se radio-aktiwiteit). Dmitri Mendelejef het baie van die eienskappe van element 43, wat hy ekamangaan genoem het, lank voor die ontdekking daarvan voorspel (sien Elemente deur Mendelejef voorspel). In 1937 was die isotoop Tc-97 die eerste element wat kunsmatige vervaardig word, vandaar die naam (vanuit die Griekse technètos, wat kunsmatig beteken). Die meeste tegnesium wat op aarde geproduseer word, is 'n neweproduk van die fisie van uraan-235 in kernreaktore en word onttrek vanuit die kernstawe. Geen isotoop van tegnesium het 'n halfleeftyd van langer as 4,2 miljoen jaar (Tc-98) nie, dus het die waarneming daarvan in rooi reuse in 1952 die teorie ondersteun dat sterre ook swaarder elemente kan vervaardig. Op aarde kom tegnesium slegs natuurlik in uraanerts as 'n produk van spontane fisie voor; die hoeveelhede is uiters klein, maar die teenwoordigheid is nogtans vasgestel. Week 32 Operasie Entebbe is 'n weermagsmaneuver wat deur die Israeli-weermag in 1976 uitgevoer is om 103 gekaapte vliegtuigpassasiers in Uganda van hul kapers te bevry. Die maneuver het gedurende die nag van 3 Julie en die vroeë oggendure van 4 Julie 1976 plaasgevind. Oorspronklik "Operasie Donderslag" deur die Israeli-beplanners gedoop, is dit later amptelik herbenoem as "Operasie Jonatan", ter ere van die Israeli-bevelvoerder. Dié grondbevelvoerder, Kolonel Jonatan "Jonie" Netanyahu is ook die enigste Israeliese soldaat wat in die aanval gedood is. Drie gyselaars is gedood en vyf Israeli-kommando's is verwond. 'n Vierde gyselaar is vermoor deur Ugandese weermagsoffisiere by 'n nabygeleë hospitaal. Week 33 Die Faroëreilande (Faroëes: Føroyar; Deens: Færøerne) is ’n Wes-Europese eilandgroep en argipel. Dit is onder die soewereiniteit van die koninkryk van Denemarke en lê tussen die Noorse See en die Noord-Atlantiese Oseaan. Die totale landoppervlakte is ongeveer 1 400 km² in 'n seegebied van 274 000 km², met ’n bevolking van 48 351 (soos op 31 Desember 2011) van wie ’n groot deel in die hoofstad Tórshavn bly. Sowat 90 persent van die bevolking is lede van die Evangelies-Lutherse kerk. Die plaaslike Noord-Germaanse dialekte, verwant aan Yslands, vorm saam ’n aparte taal, gestandaardiseer as Faroëes. Die Faroëreilande is sedert 1948 ’n selfregerende land binne die Deense koninkryk. Oor die loop van jare het die Faroërs beheer begin neem oor binnelandse sake. Gebiede, wat nog onder Deense verantwoordelikheid is, sluit militêre verdediging, polisie, justisie, geldeenheid en buitelandse sake in. Die Faroëreilande het ook verteenwoordigers in die Nordiese Raad as lede van die Deense afvaardiging. Die Faroëreilande is met Denemarke en Noorweë geassosieer en deur hulle belas tot 1814, toe Noorweë onder die koningskap van Swede gekom het. Skandinawië was in politieke beroering na die Sesde Koalisieoorlog van die Napoleontiese Oorloë, toe die Verdrag van Kiel die beheer van die Faroëreilande, Ysland en Groenland aan Denemarke bemaak het in 1814. Die Deense handelsmonopolie het in 1856 geëindig. Die naam Faroër beteken ‘skape-eilande’ en is afkomstig van die Ou Yslandse Fǽreyjar (øer is Deens vir ‘eilande’, dus is die naam Faroëreiland eintlik ’n pleonasme). Week 34 Bretagne (Bretons: Breizh) is 'n administratiewe streek (Frans: région) in die noordweste van Frankryk, wat uit die départements Côtes-d'Armor (Bretons: Aodoù-an-Arvor), Finistère (Bretons: Penn-ar-Bed), Ille-et-Vilaine (Bretons: Il-ha-Gwilen) en Morbihan (Bretons: Mor-bihan) bestaan. Die administratiewe hoofstad is Rennes (Bretons: Roazhon). Die naam Bretagne verwys naas die administratiewe gebied ook na die historiese provinsie Bretagne, waarvan tans net vier vyfdes deel uitmaak van die gelyknamige Franse région. Die oorblywende gebied, die département Loire-Atlantique met sy prefektuur Nantes (een van die voormalige hoofstede van die hertogdom Bretagne) is nou deel van die région Pays-de-la-Loire. Die oorspronklike Gallies-Keltiese bevolking het die land Armorika of Aremorica (Bretons: Arvorig) of "Land voor die See" genoem. Week 35 Quebec (Frans: Québec) is een van die tien provinsies van Kanada met 'n landoppervlakte van 1 540 687 vierkante kilometer en 7 907 375 inwoners (1 Julie 2010). Deur sy eie taal, sy kultuur en sy instellings, is dit 'n nasie in Kanada. Die provinsie het grense met die Verenigde State in die suide, die provinsie Ontario in die weste en die provinsie Nieu-Brunswick (Engels: New Brunswick) in die ooste. Sowat die helfte van die grondgebied bestaan uit mere en riviere - die provinsie besit 16 persent van die wêreld se varswaterreserwes. Die noorde (Grand-Nord québécois) is arkties en yl bevolk, terwyl die vlaktes van die Saint-Laurentrivier tot die gematigde sone behoort. Alhoewel Kanada Engels en Frans as amptelike tale het, is net Frans die amptelike taal van Quebec. As 'n oorblyfsel van die eertydse Franse kolonies in Noord-Amerika is die provinsie die enigste gebied op die vasteland met 'n Franssprekende meerderheid en 'n Franse regstelsel, die Code civil. Selfregering speel 'n belangrike rol in die politiek van Quebec - die amptelike opposisie, die Sosiaal-Demokratiese Parti Québécois, is 'n voorstander van nasionale onafhanklikheid. Regeringspartye, wat die wegbreek van Kanada as politieke agenda verkondig het, het al twee referendums (in 1980 en 1995) oor hierdie saak gehou, tog het 'n klein meerderheid Québécois teen die voorstel gestem. In 2006 het die Kanadese Laerhuis 'n simboliese mosie aanvaar waardeur die "Franssprekende Québécois as 'n nasie binne die verenigde Kanada" erken is. Week 36 Die All Blacks speel elke jaar teen die Australiese rugbyspan, die Wallabies, en die Suid-Afrikaanse rugbyspan, die Springbokke, in die Drienasiesreeks waartydens hulle ook om die Bledisloe Beker teen Australië speel. Die All Blacks het die Drienasiesreeks reeds nege keer in die toernooi se 14 jaar bestaan gewen, en het drie keer 'n Grand Slam behaal (in 1978, 2005 en in 2008), en is die huidige Bledisloe Beker wenners. Hulle is tans tweede op die rugbywêreldranglys en is in 2005, 2006 en 2008 as die Internasionale Rugby Raad se Span van die Jaar aangewys. Twaalf voormalige All Blacks is in die International Rugby Hall of Fame opgeneem. Die span het vir die eerste keer in 1893 'n internasionale wedstryd gespeel teen Nieu-Suid-Wallis, en het hulle eerste toetswedstryd in 1903 gespeel: 'n oorwinning teen Australië. Dit is gevolg deur 'n toer na die noordelike halfrond in 1905 waartydens die span slegs teen Wallis in Cardiff verloor het. Week 37 Die Springbokke, Bokke of amaBokoboko is Suid-Afrika se nasionale rugbyspan. Die Springbokke neem saam met Nieu-Seeland se All Blacks en Australië se Wallabies aan die Drienasiesreeks deel sowel as aan ander internasionale kompetisies soos die Rugbywêreldbeker. Alhoewel die Springbokke nie aan die eerste twee Wêreldbekertoernooie kon deelneem nie as gevolg van die sportboikot teen Suid-Afrika, het die land in 1995 as gasheer vir die toernooi opgetree en in hulle debuutverskyning die beker gewen. Die Springbokke het die All Blacks in die eindstryd met 15-12 geklop, 'n gebeurtenis wat tot vandag as een van die grootste prestasies in Suid-Afrika se sportgeskiedenis gesien word. Die Springbokke speel in groen-en-goud truie en speel reeds sedert 1891 internasionale rugby toe 'n span van die Britse Eilande 'n toer na Suid-Afrika onderneem het waartydens die Springbokke hulle eerste toets op 30 Julie gespeel het. Die Springbokke word as een van die top-rugbyspanne ter wêreld beskou. Die vorige afrigter was Peter de Villiers en die uittredende kaptein John Smit. Heyneke Meyer is die afrigter vanaf 2012 en die nuwe kaptein is Jean de Villiers. Week 38 Svalbard is ’n argipel in die Noordpoolstreek wat die mees noordelike deel van Noorweë vorm. Dit lê ongeveer 650 km noord van die Europese vasteland, halfpad tussen Noorweë op die vasteland en die Noordpool. Die eilandgroep lê tussen 74° en 81° noord (binne die Arktiese sirkel) en 10° en 35° oos. Spitsbergen is die grootste eiland, gevolg deur Nordaustlandet en Edgeøya. Die administratiewe sentrum is Longyearbyen en ander nedersettings sluit die Russiese myngemeenskap van Barentsburg, die navorsingsgemeenskap by Ny-Ålesund en Sveagruva, ’n mynbuitepos, in. Die argipel is onder die administrasie van die Goewerneur van Svalbard. Die eilande is die die eerste keer as ’n walvisjagbasis in die 17de en 18de eeue gebruik, maar is daarna weer verlaat. Aan die begin van die 20ste eeu is begin met die ontginning van steenkool en verskeie permanente gemeenskappe is daar gevestig. Die Spitsbergenverdrag van 1920 erken Noorweegse soewereiniteit en die Svalbard-wet van 1925 het Svalbard ’n regmatige deel van die Koninkryk van Noorweë gemaak. Hierdie wet het ook verseker dat Svalbard ’n vrye ekonomiese en gedemilitariseerde gebied is. Die Noorweegse Store Norske en die Russiese Arktikugol is die enigste mynmaatskappye wat op die eilande werksaam is. Navorsing en toerisme het belangrike aanvullende industrieë geword. Twee groot navorsingsfasiliteite is die Universiteitsentrum in Svalbard en die Svalbard Wêreldsaadkelder. Daar is geen paaie tussen nedersettings nie en daar word van sneeumobiele, vliegtuie en bote gebruik gemaak. Svalbard Lughawe, Longyear dien as die poort na Europa. Die argipel het ’n Arktiese klimaat maar het heelwat hoër temperature as ander areas wat op dieselfde breedtegraad lê. Die flora trek voordeel uit die lang middernagson om op te maak vir die poolnag. Svalbard is die broeiplek vir baie seevoëls en daar is ook ysbere, rendiere en seesoogdiere. Twee derdes van die argipel word ingeneem deur sewe nasionale parke en 23 natuurreservate, wat die grootliks onaangeraakte dog brose omgewing beskerm. Sestig persent van die argipel is gletser en daar is baie berge en fjords. Week 39 Die Oktoberfest in die Beierse hoofstad München (Suid-Duitsland) is die grootste volksfees ter wêreld. Dit word sedert 1810 op die Theresienwiese in die weste van München gehou en lok jaarliks meer as ses miljoen besoekers. Die plaaslike brouerye brou 'n spesiale bier, die sogenaamde Wiesn Märzen, met meer stamwort en 'n hoër alkoholgehalte vir hierdie fees. Die 179ste Oktoberfest word vanaf 22 September tot en met 7 Oktober 2012 aangebied. Oktoberfeste is vroeër dikwels in Beiere gehou om die laaste voorrade Maartbier voor die begin van die nuwe brouseisoen te verbruik. Die huidige groot Oktoberfest in München is in vergelyking met ander volks- en skuttersfeeste in Duitsland nog 'n relatief onlangse verskynsel en is vir die eerste keer op 17 Oktober 1810 gehou. Ter geleentheid van hulle bruilof op 12 Oktober 1810 het kroonprins Lodewyk I van Beiere en prinses Therese van Sakse-Hildburghausen op 'n weiland net buite München 'n groot perdewedren gehou. Die weiland word sedertdien Theresienwiese genoem, en in die plaaslike Beierse dialek word na die Oktoberfest dus ook as d' Wiesn ("die weiland") verwys. Aangesien kroonprins Lodewyk baie in die antieke Griekeland belang gestel het, het een van sy onderdane voorgestel om die fees in die styl van die antieke Olimpiese Spele te hou. Lodewyk was begeester deur hierdie idee, en in sy vroeë jare het die Oktoberfest gevolglik nog 'n oorwegend sportiewe karakter gehad. Die koningshof het destyds besluit om die perdewedren presies een jaar later nog eens te hou, en die tradisie van die jaarlikse Oktoberfest het 'n aanvang geneem. Week 40 Die Olimpiese Somerspele van die XXXde Olimpiade is van 27 Julie tot en met 12 Augustus 2012 in Londen, die hoofstad van die Verenigde Koninkryk, aangebied. Dit was die dertigste aanbieding van die Somerspele sedert 1896. Dit was ook die derde keer dat Londen die spele georganiseer het na hulle eerste spele in 1908 en daarna in 1948. Tydens die geleentheid het 10 500 atlete aan 302 items in 26 verskillende sportsoorte deelgeneem. Danksy die insluiting van vroueboks was daar vir die eerste keer in alle sporte vroulike deelnemers. Die opening- en sluitingseremonies het in die Olimpiese Stadion plaasgevind. Soos gebruiklik het die lande in alfabetiese volgorde die stadion ingestap. Caster Semenya, atleet en Wêreldkampioen tydens die Atletiekwêreldbeker in 2009, het die Suid-Afrikaanse vlag ingedra. Week 41 Namibië, amptelik die Republiek van Namibië (Engels: Republic of Namibia, Duits: Republik Namibia) is ’n land in Suider-Afrika waarvan die westelike grens die Atlantiese Oseaan is. Die land grens ook aan Angola en Zambië in die noorde, Botswana in die ooste en Suid-Afrika in die ooste en suide. Hoewel dit nie aan Zimbabwe grens nie is Namibië met 200 m se rivierbedding van Zimbabwe geskei (dit is waar die grens met Zambië en Botswana is). Die land het op 21 Maart 1990 onafhanklikheid van Suid-Afrika gekry na afloop van die Suid-Afrikaanse Grensoorlog. Die hoofstad en grootste stad is Windhoek. Namibië is ’n lidland van die Verenigde Nasies, die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, die Afrika-unie en die Britse Statebond. Die droë grond van Namibië is sedert die vroegste tye deur Boesmans, Damaras en Namas bewoon en sedert ongeveer die 14de eeu n.C. deur immigrerende Bantoes wat met die Bantoemigrasie gekom het. Dit het in 1884 ’n protektoraat van die Duitse Keiserryk geword en ’n Duitse kolonie gebly tot aan die einde van die Eerste Wêreldoorlog. In 1920 het die Volkebond aan Suid-Afrika ’n mandaat gegee om die land te bestuur. Suid-Afrika het sy wette dus ook op Suidwes-Afrika toegepas. Opstande en eise deur leiers in Afrika het daartoe gelei dat die VN direkte verantwoordelikheid oor die gebied geneem het. Dit het SWAPO in 1973 erken as die amptelike verteenwoordiger van die Namibiërs. Namibië het egter gedurende hierdie tyd steeds onder Suid-Afrikaanse regering gebly. Na interne konflik het Suid-Afrika in 1985 ’n tussentydse administrasie in Namibië ingestel. Namibië het in 1990 volle onafhanklikheid van Suid-Afrika verkry, met die uitsondering van Walvisbaai en die Pikkewyn-eilande wat tot 1994 onder Suid-Afrikaanse beheer gebly het. Namibië het ’n bevolking van 2.1 miljoen mense en ’n veelparty parlementêre demokrasie. Landbou, veeteelt, toerisme en mynbou — insluitend die myn van diamante, uraan, goud, silwer en onedele metale — vorm die ruggraat van die Namibiëse ekonomie. Gegewe die teenwoordigheid van die onherbergsame Namibwoestyn, is Namibië een van die yl bevolkste lande ter wêreld. Ongeveer die helfte van die bevolking leef onder die internasionale broodlyn en die land is swaar getref deur die Vigs-epidemie met 15% van die volwasse bevolking wat in 2007 besmet was. Week 42 Andy Warhol (6 Augustus 1928 — 22 Februarie 1987) was 'n Amerikaanse kunstenaar, avant-garde filmmaker, skrywer, en sosiale figuur. Warhol het ook gewerk as 'n tydskrifuitgewer, musiekprodusent en akteur. Met sy agtergrond in die kommersiële kuns was Warhol een van die stigters van die Popkuns-beweging in die Verenigde State in die 1950's. Warhol is veral bekend vir sy eenvoudige dog groter as lewensgroot, kleurkontrasterende skilderye (sifdrukwerke) van verbruikersitems, alledaagse voorwerpe soos Campbell se geblikte sop, papawerblomme en 'n piesang wat op die omslag van die musiekalbum The Velvet Underground and Nico (1967) verskyn het. Hy is ook bekend vir sy gestileerde portrette van twintigste eeuse ikone soos Marilyn Monroe, Elvis Presley, Jacqueline Kennedy Onassis, en Elizabeth Taylor. Week 43 In wiskunde is die poolkoördinatestelsel, of poolkoördinaatstelsel, 'n twee-dimensionele koördinatestelsel waarin punte aangegee word deur 'n hoek en 'n afstand. Die poolkoördinatestelsel word in baie velde gebruik insluitend wiskunde, fisika, ingenieurswese, navigasie en robotika. Dit is veral nuttig in omstandighede waar die verhouding tussen twee punte geredelik in terme van hoeke en afstande bepaal kan word; in die Cartesiese koördinatestelsel kan sulke verhoudings slegs deur trigonometriese formules gevind word. Vir baie soorte krommes is 'n poolvergelyking die eenvoudigste wyse van voorstelling; en vir sommige die enigste. Aangesien die koördinatestelsel tweedimensioneel is word elke punt deur twee polêre koördinate bepaal: die radiale-koördinaat en die hoekkoördinaat. Die radiale-koördinaat (gewoonlik voorgestel deur of ) dui die punt se afstand vanaf 'n sentrale punt wat as die pool (ekwivalent aan die oorsprong in die Cartesiese stelsel) bekendstaan. Die hoekkoördinaat (wat ook bekendstaan as die poolhoek of die asimuthoek, gewoonlik deur , of voorgestel) dui die positiewe of antikloksgewyse hoek tussen die punt en die 0° straal of poolas (wat ekwivalent is aan die positiewe x-as in die Cartesiese koördinaatvlak is) aan. In die poolkoördinatestelsel is die koördinaatlyne dus konsentriese sirkels ( = konstant) en strale ( = konstant) eerder as die reghoekige roosterpatroon wat by die Cartesiese koördinatestelsel ontstaan. Die poolkoördinatestelsel is dan ook ortogonaal aangesien die koördinaatlyne mekaar teen regtehoeke sny. Die poolkoördinatestelsel kan op twee maniere na 'n driedimensionele stelsel uitgebrei word. In die silindriese koördinatestelsel word 'n derde koördinaat bygevoeg wat die hoogte van enige punt bo die vlak aandui, soortgelyk aan die manier waarop die Cartesiese koördinatestelsel na drie dimensies uitgebrei word. In die sferiese koördinatestelsel word 'n punt afgestip deur die koördinate deur twee hoeke en die afstand van die oorsprong gespesifiseer. Week 44 Thailand (Thai: ประเทศไทย; amptelik die Koninkryk van Thailand, ราชอาณาจักรไทย) is 'n land in Suidoos-Asië wat in die Ooste aan Laos en Kambodja grens, in die Suide aan die Golf van Thailand en Maleisië en in die Weste aan die Andamanse See en Mianmar (vroeër Birma). Thailand word ook Siam genoem, wat die land se amptelike naam was tot 23 Junie 1939. Die woord "Thai" beteken "vry" in die Thaise taal. Die hoofstad van Thailand is Bangkok. Die land se amptelike naam was "Siam" tot en met 23 Junie 1939, maar dit het weer as "Siam" bekend gestaan tussen 1945 en 11 Mei 1949, voor dit weer deur 'n amptelike bekendmaking verander is na Thailand (Thais: Prathetthai). Reeds voor die amptelike naamsverandering het Thais na hulle land verwys as Muang Thai. Die woord "Thai" (ไทย) is afgelei van die woord "Tai" (ไท), wat in Thai "vryheid" beteken. Thai is ook die naam van die hoof etniese groep in Thailand - wat daartoe lei dat sommige inwoners, veral die Chinese minderheid, steeds die naam Siam gebruik. Week 45 Potsdam is die administratiewe sentrum en grootste stad van die Duitse deelstaat Brandenburg, met 'n bevolking van 159 224 (soos op 31 Maart 2012). Potsdam lê digby die suidwestelike stadsgrens van die Duitse hoofstad Berlyn wat 'n eie deelstaat in die hart van Brandenburg vorm, en maak deel uit van die Europese metropolitaanse gebied Berlyn-Brandenburg. Die middestede van Potsdam en Berlyn lê sowat 30 kilometer van mekaar af. Potsdam is 'n gewilde toeristebestemming en word as een van die mooiste stede in Duitsland beskou. Dit is die voormalige hoofstad van die historiese koninkryk Pruise en beskik oor 'n ryk kulturele erfenis van, onder meer, koninklike kastele en parke, waarvan Sanssouci die bekendste is. Die stad is in 1990 deur UNESCO as 'n wêrelderfenisgebied gelys. 'n Voorstad van Potsdam, Babelsberg, het Londen, Praag en Rome as die belangrikste sentrum van die televisie- en rolprentbedryf in Europa verbygesteek. Die filmateljee Studio Babelsberg beskik oor die grootste kapasiteit en modernste geriewe van sy soort in Duitsland en ontwikkel nou ook tot 'n gewilde ateljee vir internasionale rolprentprojekte. Week 46 Die buffel, affalo, nyati, Mbogo of Kaap-buffel (Syncerus caffer) is ’n gelyktonige hoefdier van die familie Bovidae, en die subfamilie Bovinae. Die swaarste trofeebuffel (aangeteken in die Willem Pretoriuswildreservaat) het 900 kilogram geweeg. Die rekordhoringlengte vir Suider-Afrika is aangeteken in Zimbabwe as 124,8 cm. Die buffel is enorm groot, swaargebou en beesagtig in voorkoms. Volwasse bulle se velkleur is donkerbruin tot swart. Die koeie se velkleur is gewoonlik ligter. Jong buffels se vel het ’n rooibruin voorkoms. Die hare van die pels is kort en grof, en word yler met toenemende ouderdom. Hulle het groot koppe, dik nekke, massiewe liggame en betreklike kort bene, met groot swaar hoewe. Die horings is swaar en enorm, en die sentrale horingbasis is veral by die bul goed ontwikkel. By ou bulle smelt die horingbasis van die twee horings oor die voorkop saam. Die horings buig eers af- en buitewaarts, en dan op- en binnewaarts, en word al dunner tot by skerp punte. Die ore is groot en hang onderkant die horings. Die stert is soortgelyk aan die van ’n bees en het ’n kwas van lang bruin of swart hare. Week 47 Die Switserse Konfederasie is ’n klein federale staat in Sentraal-Europa, met Duitsland, Frankryk, Italië, Oostenryk en Liechtenstein as aangrensende lande. Die land het ’n lang tradisie van politieke en militêre neutraliteit, maar word dikwels ook vereenselwig met internasionale samewerking aangesien dit die tuiste is van baie internasionale organisasies. Confœderatio Helvetica (CH), die Latynse weergawe van die amptelike naam, vermy ’n keuse tussen die vier amptelike tale. Die afkorting word op soortgelyke manier gebruik; dit word byvoorbeeld gebruik as Switserland se Internet-topvlakdomein, .ch. Die bevolking van Switserland vorm geen etniese, taalkundige of godsdienstige eenheid nie. Hul identiteit word gevorm deur hul gemeenskaplike geskiedenis, die gemeenskaplike mites, die gemeenskaplike politieke oortuigings en beginsels (wat onder meer die federalisme, direkte demokrasie en neutraliteit insluit), die geografie en klein oppervlakte en ook die oortuiging dat hulle ’n uitsondering in Europa is. Week 48 Buenos Aires is die hoofstad en die ekonomiese, kulturele en nywerheidsentrum van Argentinië en die grootste Spaanssprekende stad ter wêreld, met ’n bevolking van 2,89 miljoen in die Distrito Federal (203 km²) en 12,8 miljoen in die metropolitaanse gebied (Gran Buenos Aires) met ’n oppervlakte van 2 915 km². Die stad is aan die mond van een van die grootste riviere wêreldwyd, die Río de la Plata (Silwerrivier), geleë. Aangesien Gran Buenos Aires sowat ’n derde van die Argentynse bevolking en ook die meeste belangrike instellings en hoofkwartiere van ondernemings huisves, oorheers sy ekonomie die res van die land. Danksy talle winkels en boetieke, sy pragtige argitektuur, ’n ryk kulturele lewe, uitstekende restourante en sy kosmopolitiese bevolking van oorwegend Italiaanse, Spaanse, Franse, Duitse, Engelse, Oos-Europese, Arabiese en Asiatiese herkoms staan Buenos Aires ook as die Parys van die Suide bekend. Die stad is een van die mees Europese van Suid-Amerika en ook die Suidelike Halfrond en het sy Goue Era in die tydperk tussen 1880 en 1920 beleef, toe Argentinië danksy ongekende ekonomiese groei tot een van die tien welvarendste lande wêreldwyd ontwikkel het. Buenos Aires as sy skitterende hoofstad het destyds nuwelinge uit Europa gelok wat hier ’n beter heenkome probeer vind het. Week 49 Die kruistogte was 'n reeks militêre veldtogte wat tussen die 11de eeu en die 13de eeue plaasgevind het, gewoonlik met goedkeuring deur die Pous. Oorspronklik was dit Rooms-Katolieke pogings gewees om die Heilige Land by die Moslems af te neem. Sommige was egter selfs teen ander Christene gemik, soos byvoorbeeld die Vierde Kruistog teen Konstantinopel en die Albigensiese Kruistog teen die Kathare van Suid-Frankryk. Kruistogte word dus dikwels as heilige oorloë teen groepe of volkere, wat as interne of eksterne teenstanders van die Christendom beskou is, gedefinieer. Hierdie teenstanders sluit naas die Moslems ook ortodokse Griekse en Russiese Christene, heidense Slawiese volkere, Mongole, ketters soos die Kathare, Bogomiele en Hussiete en die politieke opponente van die pousdom in. Die term "kruistog" is tydens die middeleeue nog nie gebruik nie; dit dateer uit 'n later tydperk en verwys na die kruise, wat deelnemers van die kruistogte op hulle kleding aangebring het. Party ywerige aktiviste mag egter ook na hulle sake verwys as kruistogte soos die kruistog teen ongeletterdheid, ensovoorts. Die term in hierdie verband het egter in onbruik verval in die Weste weens die politiese sensitiwiteit en oënskynlike disrespek teenoor Moslem-kulture. 'n Meer algemene moderne gebruik van die term is wanneer daar tipies op sarkastiese of verkleinerende wyse na dwepers verwys word. Week 50 Die Franse taal (français) behoort tot die Romaanse groep binne die Indo-Europese taalfamilie. Van alle Romaanse tale het dit ten opsigte van sy struktuur en uitspraak die sterkste wegbeweeg van die oorspronklike Latyn. Frans is naas Engels die enigste wêreldtaal wat op vyf vastelande gepraat word, en dit is die amptelike- of verkeerstaal van meer as die helfte van die Afrikalande. Dit is ook een van die belangrikste tale van die internasionale en diplomatieke verkeer, ’n beduidende onderwystaal en die taal van internasionale organisasies soos die UPU (Wêreldposunie). Daar bestaan ’n enorme kloof tussen die literêre taal, wat deur die taalbouers geslyp word, en die algemene omgangstaal. Die norme van die skryftaal en korrekte spreektaal - français écrit en français parlé correct - geld nie noodsaaklik vir die gewone spreektaal - français parlé - nie. Die gesproke Frans het variante soos die langue familière - die omgangstaal van die goed opgeleides, die langue populaire - die algemene omgangstaal - en die argot, die groeptaal van ’n spesifieke beroep, klas of kring. Week 51 Die Romeine het die dig beboste bergreeks met sy kenmerkende donker naaldbome Silva Nigra genoem - die "Swart (of Donker) Woud", wat vir hulle onheilspellend en byna ondeurdringbaar was. Die Duitse naam Swarzwald is vir die eerste keer in 'n dokument van die Switserse klooster St. Gallen uit die jaar 868 gebruik. Die Swartwoud is die grootste bosgebied in Duitsland en bestaan hoofsaaklik uit denne- en sparbome. Vandag is die Swartwoud een van die gewildste toeristebestemmings in Duitsland. Die gebied is verdeel in drie administratiewe geweste: Noord-Swartwoud (Duits: Nordschwarzwald) met 'n oppervlak van 2 339,91 vierkante kilometer en 598 867 inwoners (2004), Swartwoud-Baar-Heuberg (Duits: Schwarzwald-Baar-Heuberg) met 'n oppervlak van 2 529,07 vierkante kilometer en 489 104 inwoners (2004), en Suidelike Bo-Ryn (Duits: Südlicher Oberrhein) met 'n oppervlak van 4 062,03 vierkante kilometer en 1 037 353 inwoners (2005). Die bergreeks self beslaan egter net 'n gedeelte van hierdie administratiewe eenhede - sowat 6 000 vierkante kilometer. Week 52 Australië, amptelik die Australiese Gemenebes, is 'n land in die Suidelike Halfrond en bestaan uit die Australiese kontinent (die wêreld se kleinste kontinent), die eiland Tasmanië en 'n aantal ander eilande in die Indiese Oseaan, die Stille Oseaan en die Suidelike Oseaan. Australië se buurlande is Indonesië, Oos-Timor en Papoea-Nieu-Guinee in die noorde, die Solomoneilande, Vanuatu en Nieu-Kaledonië in die noordooste en Nieu-Seeland in die suidooste. Die Australiese vasteland word al reeds vir meer as 42 000 jaar deur Australiese Inboorlinge bewoon. Na verskeie besoeke deur Europese ontdekkingsreisigers en handelaars in die 17de eeu, was die oostelike helfte van Australië in 1770 deur Groot-Brittanje opgeëis en oorspronklik deur wettelik gestrafte oortreders as deel van die kolonie van Nieu-Suid-Wallis gevestig, beginnende op 26 Januarie 1788. Soos die bevolking gegroei het en nuwe areas ontdek is, is vyf ander self-regerende Britse kolonies tydens die 19de eeu gevestig. Op 1 Januarie 1901 het die ses kolonies saam 'n federasie geword en die Australiese Gemenebes was gevorm. Sedertdien het Australië 'n stabiele liberale demokratiese politieke stelsel gehandhaaf en bly dit steeds 'n ryk van die Britse Statebond wat die Britse monarg as hulle eie herken. Die hoofstad van Australië is Canberra, wat geleë is in die Australiese Hoofstadgebied (Australian Capital Territory). Die bevolking van 22 miljoen is gekonsentreerd in die vastelandse staatshoofstede Sydney, Melbourne, Brisbane, Perth en Adelaide.
<urn:uuid:1c6ad8df-f493-4a68-847c-6f63ad21156d>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Wikipedia:Voorbladartikels_2012
2019-07-21T00:39:14Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526799.4/warc/CC-MAIN-20190720235054-20190721021054-00471.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99997
false
Bespreking:Alisa Freindlich Jump to navigation Jump to search Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Alisa Freindlich-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. | Artikelriglyne Daaglikse bladtrekke | |
<urn:uuid:ebca7a30-b50e-4142-8674-0f1281e7be40>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Alisa_Freindlich
2019-07-22T08:10:14Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527828.69/warc/CC-MAIN-20190722072309-20190722094309-00071.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999962
false
Bespreking:Penis Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Penis-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. | Artikelriglyne Daaglikse bladtrekke | | Beskerming[wysig bron] Can we just protect this article? The chances are this will be one of the most vandalised pages on wikipedia, and sadley is the most viewed page on afrikaans wikipedia 0.0 , I just think sexual articles need more protection. --Bezuidenhout (kontak) 18:48, 24 Januarie 2009 (UTC) - If other users agree, I'll protect it against anonymous edits. Anrie (kontak) 19:43, 24 Januarie 2009 (UTC) Eksplisiete foto's[wysig bron] Dagsê. Kan julle asseblief die foto's uit die artikel verwyder? Die artikel dra steeds soveel waarde sonder die foto's. Daar is baie kinders wat Wikipedia gebruik vir skooltake en ek dink nie kinders moet op hierdie prentjies afkom nie. Sal dit regtig baie waardeer. Groete. MilanBye (kontak) 13:12, 23 Maart 2016 (UTC) - Môre MilanBye! - Ek deel jou sentiment oor die eksplisiete foto's. Daar is egter teenargumente om dit nie te verwyder nie: - Die wikipedia bly 'n ensiklopedie, dus 'n bron waar alles beskryf en verduidelik mag word. - Dit is nie 'n kinderensiklopedie nie. Dis vir oud, jonk en middeljarig, geleerd of ongeletterd. - Daar bestaan weinig sensorskap in die kuberruimte. Deur slegs "penis", "vagina" of "seks" op Google in te tik, neem dit jou na meer skokkende materiaal. Dit is dus onvermydelik dat kinders ook daar sal rondsnuffel! - 'n Voorstel wat ek wil maak om die probleem te oorbrug, is vir ouers van jonger kinders om eerder die artikels benodig vir skooltake uit te druk op papier, en dan die rekenaar af te skakel. - Dankie in elk geval vir jou gedagte hierbo. Groete, Aliwal2012 (kontak) 06:38, 24 Maart 2016 (UTC) - Kinders is moontlik minder geskok dan jy MilanBye. Ek stem nie saam dat die foto's nie sou bydra tot die artikel nie, maar ons is ook nie 'n pornowerf nie. Ek het die prins albert verwyder: dit was nie nodig vir die storie nie. - Die artikel se besoek is opmerkelik konstant en toon nie die tiperende patroon van Suidpunt se intensiewes nie. Ek dink daarom dat die besoek nie soseer van skoolkinders kom nie. Hulle is moontlik nog nie so geïnteresseer nie. - Dankie vir die terugvoer. Maar kan ons nie asseblief eerder sketse gebruik nie. Soos die tipe prentjies wat mens in Biologie kry. As 'n kind wel hierdie artikel gebruik vir 'n taak, sal hy in elk geval nie die foto's kan gebruik nie. Hy sal wel skets-foto's kan gebruik. As julle instem met dit, sal ek graag help om sulke prentjies in die hande te kry, al moet ek dit self teken! Ek hoor graag van julle. MilanBye (kontak) 08:23, 29 Maart 2016 (UTC) - Ek stem vir sketse, die soort wat mens in tradisionele ensiklopedieë aantref. Groete. Frank (kontak) 12:09, 29 Maart 2016 (UTC) - Ek vind hierdie hele gesprek eintlik snaaks. Vreksnaaks. Eintlik grens dit aan die belaglike. Dalk omdat die deursnit Europeër nie naaktheid met seksualiteit verwar nie [iets wat wel die geval is in die Anglosfeer]. Kyk ons nie na die meesterstuk van Michelangelo wat arme Dawid, in sy volle glorie, met sy kroonjuwele ontbloot nie? En wat van al die Griekse en Romeinse gode wat reinheid en nie-menslikheid voorgestel het, met of sonder vyeblaar voor die skaamte? - Mense, kom ons wees nou redelik - 'n donkie, 'n perd, 'n hond, 'n luiperd, 'n luislang (met TWEE halfpenisse), 'n akkedis: so is die natuur gemaak - so is dit. Wee hom wat sleg in Godswerk sien! Weerspieël dit nie eerder die oog wat daarna kyk nie? Lyke wat op strande uitspoel is geen lus vir die oog nie (tensy jy aan nekrofilie ly) - tog is dit waar. Plaasmoorde is geen mooi prentjie nie - tog gebeur dit. Is ek onsensitief? Nee - ek aanvaar net die werklikheid soos dit gebeur. - Nou goed, ek hoef net onder die stort te kyk hoe volmaak myne lyk [tans totaal onbruikbaar, buiten as urineleier] - 'n foto is dus seker onnodig - maar hoe gemaak met 'n mediese student wat elke spier by die Latynse naam moet leer ken? Biologieboeke op hoërskool is by uitstek elementêr. Ek sal nooit vergeet, op hoërskool, toe ek in die lewenswetenskapklas gesit het [nee, ek het nie biologie geneem nie, ek kon die kafeteria nie uitstaan in my vrye periode nie], het van die dogters beswaar aangeteken teen die seksisme in die boek - dat die seun in die boek fris geteken word, terwyl die vrou, ek haal aan, "hangtiete" het. Ek is geen pornograaf nie - Wikipedia waarsku immers teen skokkende foto's: ek soek koel, konkrete, wetenskaplike werklikheid, nie wellus nie. Suidpunt (kontak) 14:04, 29 Maart 2016 (UTC)
<urn:uuid:fd487983-bb11-474f-a89a-8695536f153b>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Penis
2019-07-23T13:51:42Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529406.97/warc/CC-MAIN-20190723130306-20190723152306-00231.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
1.000003
false
P-blok Groep → | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | ↓ Periode | |||||| 2 | 5 B | 6 C | 7 N | 8 O | 9 F | 10 Ne | 3 | 13 Al | 14 Si | 15 P | 16 S | 17 Cl | 18 Ar | 4 | 31 Ga | 32 Ge | 33 As | 34 Se | 35 Br | 36 Kr | 5 | 49 In | 50 Sn | 51 Sb | 52 Te | 53 I | 54 Xe | 6 | 81 Tl | 82 Pb | 83 Bi | 84 Po | 85 At | 86 Rn | 7 | 113 Nh | 114 Fl | 115 Mc | 116 Lv | 117 Ts | 118 Og | Die p-blok is 'n deel van die periodieke tabel. Saam met die s-blok vorm dit die hoofgroepelemente. In hierdie blok raak die p-orbitale gevul en in die laaste kolom is die atoom se skil vol. Hierdie element word die edelgasse genoem. Van die elemente van die 7de periode se eienskappe is min bekend. Die blok bestaan uit die groepe 13 tot met 18 van die tabel. Die hoogste oksidasietoestand (of die getal valenselektrone) van die element kan gewoonlik gevind word deur 10 van die groepsnommer af te trek. Binne hierdie blok neem die elektronegatiwiteit in die diagonale rigting van tallium (links onder) na fluoor (regs bo) sterk toe. In die hoek regs bo is die elemente nie-metale, in die hoek links onder is dit metale. In die periodes n= 4, 5, 6, en 7 bevat die atoom se elektronewolk 'n volle (n-1)d10-subskil wat se energie laag genoeg is dat dit as kernelektrone beskou kan word. Die periodes n=6 en 7 het 'n volle (n-2)f14-subskil wat ook geen rol in die chemiese eienskappe speel nie.
<urn:uuid:e299e900-88e3-4ee3-bef1-2a16fa635e06>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/P-blok
2019-07-23T13:36:05Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529406.97/warc/CC-MAIN-20190723130306-20190723152306-00231.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99998
false
Misdade teen die Mensdom Misdade teen die mensdom is sekere dade wat gepleeg word as deel van 'n wydverspreide of stelselmatige aanval teen enige burgerlike bevolking of 'n identifiseerbare deel van 'n bevolking. Die eerste vervolging vir misdade teen die mensdom was met die Neurenberg-verhore gehou. Misdade teen die mensdom is sedertdien deur ander internasionale howe- soos die Internasionale Misdaadtribunaal vir die voormalige Joegoe-Slawië en die Internasionale Misdaadhof, asook met tuisverhore aangehoor. Die geregtigheid vir misdade teen die mensdom is primêr ontwikkel deur die evolusie van internasionale gewoontereg. Misdade teen die mensdom is nie in 'n internasionale konvensie gekodifiseer nie, hoewel daar tans 'n internasionale poging is om so 'n verdrag, gelei deur die Misdade teen die Mensdom Inisiatief, te vestig. Anders as met oorlogsmisdade, kan misdade teen die mensdom in tye van oorlog sowel as in vredestyd gepleeg word.[1] Dit is nie geïsoleerde of sporadiese gebeure nie, maar is deel van, of van 'n regeringsbeleid (hoewel die oortreders hulself sal moet vereenselwig met so 'n beleid), of 'n gebruik van wandade wat deur 'n regering geduld, of goedgekeur word, of 'n de facto gesag. Moord; slagtings; onmenslikheid; uitwissing; menslike eksperimente; buitegeregtelike strawwe; moordbendes; gedwonge verdwynings; kindersoldate; ontvoerings, onredelike gevangenisstraf (internering); slawerny; kannibalisme; marteling; verkragting; politieke, rassistiese, of godsdiensvervolging, wat ook die gebruik van godslasterlike wette, of wette teen laster of godsdiens, of ander soortgelyke bewoording, of onbehoorlike haatspraakwette; en ander onmenslike dade kan as misdade teen die mensdom beskou word, indien dit deel vorm van 'n uitgebreide of stelselmatige gebruik. Inhoud - 1 Geskiedenis van die term - 2 Tipes van misdade teen die mensdom - 3 Internasionale howe en misdaadtribunale - 4 Verwysings - 5 Nog leesstof - 6 Buiteskakels Geskiedenis van die term[wysig | wysig bron] Die term "misdaad teen die mensdom" is eintlik dubbelsinnig oor die dubbelsinnigheid van die woord "mensdom", wat mens kan beteken (die versamelwoord vir die mens) of die waarde van menswees, Die geskiedenis van die term wys dat laasgenoemde die eintlike verwysing is.[2] Eerste gebruik[wysig | wysig bron] Die term het sy oorsprong in die Tweede Den Haagse Konvensie van 1899 se aanhef en is in die Vierde Den Haagse Konvense van 1907 se aanhef verder geneem toe daar besorgdheid uitgespreek is oor die kodifisering van nuwe reëls van internasionale humanitêre wette. Die aanhef van die twee konvensies verwys na die "wette van die mensdom" as 'n uitdrukking van onderliggende onduidelike humanistiese waardes.[3] Op 24 Mei 1915 reik die Geallieerde Magte, Brittanje, Frankryk en Rusland 'n gesamentlike verklaring uit wat dit baie duidelik stel dat 'n ander regering vir die eerste keer ooit aangekla word vir "'n misdaad teen die mensdom". 'n Uittreksel uit die verklaring verklaar as volg: Met die beëindiging van die oorlog het 'n internasionale oorlogsmisdaad-kommissie die skep van 'n tribunaal voorgestel om "oortredings van die wette van die mensdom" te verhoor. Die Amerikaanse gesant het egter beswaar gemaak teen die verwysing na "wette van die mensdom" omdat dit vaag is en die konsep is nie verder gevoer nie.[4] Neurenberg-verhore[wysig | wysig bron] In die nadraai van die Tweede Wêreldoorlog, is die Londense Handves vir die Internasionale Militêre Tribunaal as 'n dekreet saamgestel om die wette en prosedures vir die Neurenberg-verhore neer te lê. Die samestellers van die riglyne het voor die probleem te staan gekom oor hoe Die Holocaust- Joodse Volksmoord (Sjoa) en die grusame wandade, wat deur Nazi-Duitsland gepleeg is, hanteer moes word. 'n Tradisionele benadering om oorlogsmisdade te verhoor kon nie hier toegepas word nie aangesien dit die eerste keer in die geskiedenis was dat 'n staatsmag aangekla moes word vir wandade op sy eie burgers. Artikel 6 van die Handves is toe opgestel wat, nie net die tradisionele oorlogsmisdade en misdade teen vrede ingesluit het nie, maar in paragraaf 6(c) is Misdade teen die Mensdom ook gedefinieer. Tokio-verhore[wysig | wysig bron] Die Internasionale Militêre Tribunaal vir die Verre-Ooste, ook bekend as die Tokio-verhore, het die leiers van die Japanse Ryk op drie kategorieë van misdade tydens die Tweede Wêreldoorlog te verhoor: Die Klas C klagtes, misdade teen die mensdom, was nie van toepassing vir die Tokio-verhore nie aangesien die waarde van lewens van Asiatiese burgerlikes van minder waarde geag is as die lewens van Kaukasiese en Joodse burgers. Die klagtes vir die Nanking-slagting was gekategoriseer as oortredings van die oorlogswette[5] 'n Paneel van regters uit die Geallieerde Magte (Verenigde State van Amerika, Republiek China, Sowjetunie, Nederland, Australië, Nieu-Seeland, Kanada, Filippyne en die voorlopige regering van die Franse republiek), was die voorsittende beamptes. Tipes van misdade teen die mensdom[wysig | wysig bron] Die verskillende tipes van misdade wat as misdade teen die mensdom beskou kan word, verskil in definisie, beide internasionaal en op binnelandse vlakke. Geïsoleerde gevalle van onmenslike dade van 'n spesifieke aard, wat deel uitmaak van 'n wydverspreide of stelselmatige aanval, kan in gevalle as 'n ernstige skending van menseregte beskou word, of- afhangende van die omstandighede- as oorlogsmisdade, en word dan nie as misdade teen die mensdom hanteer nie.[6] Apartheid[wysig | wysig bron] Die stelselmatige vervolging van een rassegroep deur 'n ander, soos onder die bewind van die Suid-Afrikaanse apartheidsregering, is in 1976 deur die Verenigde Nasies as 'n misdaad teen die mensdom verklaar.[7] Die VN se Algemene Vergadering het egter nooit enige bevindings gemaak oor apartheid as sulks nie, en daar was ook geen misdade teen die mensdom rakende apartheid aangehoor nie. Verkragting en seksuele misdrywe[wysig | wysig bron] Nie die Tokio-handves of die Neurenberg-handves het enige verwysings wat seksuele- of geslagsmisdade as 'n misdaad teen die mensdom vervat nie, hoewel 'n klousule wel verkragting as sodanige oortreding sien. Die statute van die Internasionale Misdaadtribunaal vir die voormalige Joego-Slawië en vir Rwanda het wel verkragting as 'n misdaad teen die mensdom hanteer.[8] In 2008 aanvaar die Veiligheidsraad resolusie 1820, wat verkragting en enige vorm van seksuele geweld as 'n oorlogsmisdaad, misdaad teen die mensdom, of as 'n konstitiewe daad met betrekking tot volksmoord beskou.[9] Internasionale howe en misdaadtribunale [wysig | wysig bron] Na afloop van die Neurenberg- en Tokio- verhore van 1945–1946, is die volgende internasionale tribunaal met jurisdiksie oor misdade teen die mensdom eers vyf dekades later gehou. In reaksie op die gruweldade wat gepleeg is in die 1990's, is verskeie ad hoc-tribunale gestig met jurisdiksie oor misdade teen die mensdom. Die statute van die IGH, die Internasionale Misdaadtribunale vir die voormalige Joego-Slawië en vir Rwanda het elkeen 'n eie definisie van wat misdade teen die mensdom behels, gebruik.[10] Internasionale Misdaadtribunaal vir Joego-Slawië[wysig | wysig bron] In 1993 stel die VN-Veiligheidsraad die Internasionale Misdaadtribunaal vir die voormalige Joegoe-Slawië aan, met jurisdiksie om ondersoek in te stel en drie internasionale misdade, wat in die voormalige staat gepleeg is, te ondersoek: volksmoord, oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom. Internasionale Misdaadtribunaal vir Rwanda[wysig | wysig bron] Die VN-Veiligheidsraad het die Internasionale Misdaadtribunaal vir Rwanda in 1994 aangestel om die Rwandese Volksmoord te ondersoek. Ingevolge die Tribunaal se statuut, is daar besluit om die skakel tussen die misdade teen die mensdom en 'n gewapende konflik van enige aard, te laat vaar. 'n Vereiste is bygevoeg dat die onmenslike dade deel moet wees van 'n "sistematiese of wydverspreide aanval teen enige burgerlike bevolking op nasionale, politieke, etniese, rasse-of godsdienstige gronde."[11] In teenstelling met die konflik in die voormalige Joego-Slawië, was die konflik in Rwanda beskou as nie-internasionaal nie, so die misdade teen die mensdom sou waarskynlik nie van toepassing kon wees as die nexus tot 'n gewapende konflik gehandhaaf is nie. Verwysings[wysig | wysig bron] - Margaret M. DeGuzman,"Crimes Against Humanity" RESEARCH HANDBOOK ON INTERNATIONAL CRIMINAL LAW, Bartram S. Brown, ed., Edgar Elgar Publishing, 2011 - Luban, David (2004). “A Theory of Crimes Against Humanity”. The Yale Journal of International Law 29: 85-167. - Cherif Bassiouni, M. Crimes against Humanity: Historical Evolution and Contemporary Application. - Cryer, Robert; Hakan Friman; Darryl Robinson; Elizabeth Wilmshurst (2007). An Introduction to International Criminal Law and Procedure. Cambridge University Press. p. 188. - Yoshinobu Higurashi,op.cit.,pp.116-119. - As quoted by Guy Horton in Dying Alive – A Legal Assessment of Human Rights Violations in Burma April 2005, co-Funded by The Netherlands Ministry for Development Co-Operation. - "Charter of the United Nations" Geargiveer, 17 April 2009 op die Wayback Machine - "ICC Prosecutor's Policy Paper on Sexual and Gender-Based Crimes" Junie 2014 - "SECURITY COUNCIL DEMANDS IMMEDIATE AND COMPLETE HALT TO ACTS OF SEXUAL VIOLENCE AGAINST CIVILIANS IN CONFLICT ZONES, UNANIMOUSLY ADOPTING RESOLUTION 1820 (2008)". Un.org. Besoek op 2013-02-01. - Burns, Peter, "Aspect of Crimes Against Humanity and the International Criminal Court" International Centre for Criminal Law Reform and Criminal Justice Policy. p. 6. - "ICTR Statute" Article 3 Nog leesstof[wysig | wysig bron] - Macleod, Christopher (2010). “Towards a Philosophical Account of Crimes Against Humanity”. European Journal of International Law 21 (2): 281–302. doi:10.1093/ejil/chq031. - Sadat, Leila Nadya (2013). “Crimes Against Humanity in the Modern Age”. American Journal of International Law 107 (2): 334–377. doi:10.5305/amerjintelaw.107.2.0334. Besoek op 11 December 2013. - Schabas, William A. (2000). Genocide in International Law: The Crimes of Crimes. New York: Cambridge University Press. ISBN 0-521-78262-7. Buiteskakels[wysig | wysig bron] - Crimes of War project - Rule of Law in Armed Conflicts Project - What is a Crime Against Humanity? – an online video - Genocide & Crimes Against Humanity – a learning resource, highlighting the cases of Myanmar, Bosnia, the DRC, and Darfur - Crimes Against Humanity -- Bibliographies on the topics of the International Law Commission & International Law Seminar (UNOG Library)
<urn:uuid:7c275680-7c36-49d9-9b69-c37e36c603b9>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Misdade_teen_die_Mensdom
2019-07-18T13:35:42Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525634.13/warc/CC-MAIN-20190718125048-20190718151048-00175.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999876
false
Wyoming Wyoming (Engels: State of Wyoming) is 'n deelstaat in die weste van die Verenigde State van Amerika met 'n oppervlakte van 253 348 km² en 'n bevolking van 563 626 (2010). Die hoofstad en grootste stad is Cheyenne. Deelstaat Wyoming | ||||| Bynaam(e): Equality State, Cowboy State | ||||| Amptelike taal(e) | Engels | |||| Hoofstad | Cheyenne | |||| Grootste stad | Cheyenne | |||| Area | 10de in die V.S. | |||| - Totaal | 253 348 km2 | |||| - Wydte | 450 km | |||| - Lengte | 580 km | |||| - Water | 1 851 km2 | |||| - % water | 0,7 % | |||| - Breedtegraad | 41°N tot 45°N | |||| - Lengtegraad | 104°3'W tot 111°3'W | |||| Bevolking | 50ste in die V.S. | |||| - Totaal | 563 626 | |||| - Digtheid | 2,2/km2 49ste in die V.S. | |||| Hoogte | ||||| - Hoogste punt | Gannettpiek 4 210 m | |||| - Gemiddeld | 2 044 m | |||| - Laagste punt | Belle Fourche-rivier by die Suid-Dakota-grens 945 m | |||| Toetrede tot die Unie | 10 Julie 1890 (44ste) | |||| Goewerneur | Matt Mead (R) | |||| Luitenant-Goewerneur | Max Maxfield (R) | |||| Wetgewer | Wyoming Wetgewer | |||| - Hoërhuis | Senaat | |||| - Laerhuis | Huis van Verteenwoordigers | |||| V.S. Senatore | Mike Enzi (R) John Barrasso (R) | |||| Tydsone | Mountain: UTC-7/DST-6 | |||| Afkortings | WY US-WY | |||| Webblad | wyoming.gov | Wyoming word in die noorde deur Montana, in die ooste deur Suid-Dakota en Nebraska, in die suide deur Colorado en Utah, en in die weste deur Montana, Idaho, en Utah begrens. Dit lê tussen die Rotsgebergte en die Groot Vlaktes (wat 'n gebied van grasvlaktes is). Die Yellowstone Nasionale Park is in die noordooste van Wyoming geleë. Wyoming is die 44ste deelstaat wat tot die Unie toegelaat is. Wyoming se byname is Equality State en Cowboy State. Die naam Wyoming kom van die Munsee-woord xwé:wamənk, wat "aan die groot rivier se plat kant" beteken. Verenigde State van Amerika | |||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
<urn:uuid:a09c4e58-0bb2-427d-91e4-afc8de6b0824>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Wyoming
2019-07-19T18:40:32Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526337.45/warc/CC-MAIN-20190719182214-20190719204214-00335.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.989561
false
Bespreking:Alexandre Dumas Jump to navigation Jump to search Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Alexandre Dumas-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. | Artikelriglyne Daaglikse bladtrekke | |
<urn:uuid:fd9e9f8a-4c1c-46db-8e97-7b33897bcea8>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Alexandre_Dumas
2019-07-19T19:14:58Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526337.45/warc/CC-MAIN-20190719182214-20190719204214-00335.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99998
false
Ptolemaeus Ptolemaeus | | Geboortenaam | Claudius Ptolemaeus | ---|---| Gebore | c. 90 n.C. Egipte, Romeinse Ryk | Oorlede | c. 168 n.C. Aleksandrië, Egipte | Vakgebied | wiskunde, aardrykskunde, sterrekunde | Bekend vir | Almagest | Claudius Ptolemaeus (Grieks: Κλαύδιος Πτολεμαῖος, Klaudios Ptolemaios; Latyn: Claudius Ptolemaeus; omstreeks 90 n.C. – omstreeks 168 n.C.) was ’n Romeinse burger van Egipte wat in Grieks geskryf het. Hy was ’n wiskundige, sterrekundige, aardrykskundige, astroloog en musiekteoretikus, asook die digter van ’n enkele puntdig in die Anthologia Graeca.[1][2] Ptolemaeus was die skrywer van verskeie wetenskaplike verhandelings wat lank van groot belang was vir die latere wetenskap. Wat die sterrekunde betref, het hy geglo die Aarde is die middelpunt van die heelal. Hy het ’n handboek oor dié geosentriese teorie geskryf wat die Almagest genoem is. Sy sienings het die wetenskap langer as 1 400 jaar oorheers, tot lank ná die Middeleeue. Lewe[wysig | wysig bron] Die groot stad Alexandrië is in die vierde eeu v.C. deur Alexander die Grote gestig en was eeue lank die middelpunt van die Hellenistiese (Griekse) kultuur. Selfs nadat dit in die jaar 80 v.C. onder Romeinse oorheersing gekom het, het dit 'n sentrum vir geleerdheid gebly. Hier, ongeveer tussen die jare 127 n.C. en 145 n.C., het Ptolemaeos, 'n Griek van geboorte, gewerk. Van Ptolemaeos se lewe is baie min bekend. Vermoedelik is hy in die jaar 90 n.C. in Ptolemais Hermii in Griekeland gebore en omstreeks 168 n.C. oorlede. Hy het hoofsaaklik in die studie van die sterrekunde, die wiskunde en die aardrykskunde belang gestel, maar hy het ook belangrike bydraes op die gebied van lig en musiek gelewer. Sterrekundige[wysig | wysig bron] Ptolemaeos is hoofsaaklik bekend om die sterrekundige stelsel wat na horn genoem is. In Ptolemaeos se heelal was die aarde die middelpunt en het die son, planete en sterre daarom gedraai. Hierdie opvatting van die heelal was niks nuuts nie, maar Ptolemaeos se groot prestasie was dat hy op die vorige opvattinge verbeter het sodat dit beter toegepas kon word by die waargenome bewegings van die hemelliggame. Ten einde dit kon te doen, het hy hom verbeel dat die sterre en planete, pleks van in gewone sirkels om die aarde te draai, in sirkels oorheenliggend op ander sirkels beweeg. Sodanige beweging word episikliese beweging genoem. Hierdie teorie was heeltemal verkeerd, maar dit het so goed by die destydse waarnemings gepas dat dit nie voor die 16de eeu in twyfel getrek is nie. Benewens hierdie beroemde teorie oor die heelal, het Ptolemaeos ook 'n katalogus opgestel van I 022 sterre en hul plekke aan die hemel. Hierdie groot boek oor die sterrekunde heet die Almagest; Arabiese sterrekundiges wat dit in die 9de eeu vertaal het, het die naam daaraan gegee. Aardrykskunde[wysig | wysig bron] Ptolemaeos se landkaarte het die wêreld getoon soos dit destyds aan die Romeine bekend was en hy het sy kaarte opgestel na aanleiding van die inligting wat Romeinse reisigers en handelaars aan horn verskaf het. Die voorstelling van die Middellandse See-gebied is merkwaardig noukeurig en die grootste deel van Noord-Afrika en Europa is ook baie goed geteken. Oor die streke verder weg is Ptolemaios egter erg mislei. Hy het gedink lndië was deel van 'n eiland en dat die lndiese Oseaan deur 'n land massa in die suide en die weste ingesluit was. Vanweë sy meetstelsel.wat sowat 30 persent te klein vir die aarde se omtrek was, het sy kaarte, wat tot in die 15de eeu gebruik is, Columbus gesterk in sy oortuiging dat China naby Europa was indien 'n mens weswaarts oor die see sou vaar. In Ptolemaeos se wêreld was daar geen Amerikaanse vasteland nie. Sy boek Handleiding tot die Aardrykskunde is die enigste antieke aardrykskundeboek wat volledig behoue gebly het. Dit was eeue lank die standaardwerk oor die aardrykskunde en is in 1472 vir die eerste keer gedruk. Hoewel dit baie inligting oor plekke verskaf, word hoegenaamd niks van mense, die klimaat, diere en ander aspekte wat vandag deel van ons aardrykskundige kennis uitmaak, gemeld nie. Verwysings[wysig | wysig bron] - Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia Bronnelys[wysig | wysig bron] *KENNIS, Volume 1, 1980, bl. 1142, ISBN 0-7981-0823-1
<urn:uuid:0f8cfe38-8758-4b5e-876b-adf71ab5e5bf>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Claudius_Ptolemeus
2019-07-19T19:13:03Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526337.45/warc/CC-MAIN-20190719182214-20190719204214-00335.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999995
false
Gewone luislang Suider-Afrikaanse luislang | |||||||||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Wetenskaplike klassifikasie | |||||||||||||||||| Binomiale naam | |||||||||||||||||| Python natalensis A. Smith, 1840 | Die Suider-Afrikaanse luislang of gewone luislang (Python natalensis), voorheen ook genoem die Afrika-rotsluislang,[1] Natalse rotsslang,[2] rooibokslang, konstriktorslang, bosveldslang en verkeerdelik boa,[3] is 'n slangsoort van die familie Pythonidae en word by die subfamilie van die luislange ingedeel. Die spesie is voorheen as 'n subspesie van die Python sebae beskou en word eers as 'n afsonderlike spesie in 1999 erken. Met 'n bevestigde lengte van meer as vyf meter is die Suider-Afrikaanse luislang een van die grootste slange ter wêreld. Die verspreiding beslaan die tropiese en subtropiese dele van Sentraal- tot Suid-Afrika. Die spesie hou hoofsaaklik in die oop savanne, nie te ver van water nie. As kultuurvlugter[4] vermy die luislang menslike nedersettings en word soms net teëgekom by matig intensief verboude plantasies. Na die grootte van die luislang wissel die voedsel van klein tot medium, bitter selde tot groot gewerwelde diere. Volwasse luislange vreet dikwels klein boksoorte. In uitsonderlike gevalle word ook prooidiere van oor die 25 kilogram, soos halfvolgroeide rooibokke en waterboklammers, en klein jagluiperdwelpies gevang. Die Suider-Afrikaanse luislange is soos al die slangsoorte van die genus Python eierlêend (ovipaar) en behoort tot die soort waar die wyfie nie die broeitemperatuur deur spierbewings nie, maar deur die son reguleer. Weens verdelging voor die voet en habitatvernietiging het die aantal luislange in hul oorspronklike verspreidingsgebied drasties verminder; die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur beskou hierdie slang egter steeds as 'n nie-bedreigde spesie. Inhoud - 1 Beskrywing - 2 Verspreidingsgebied - 3 Habitat - 4 Gedrag - 5 Dieet - 6 Voortplanting - 7 Ouderdom en lewensverwagting - 8 Roofvyande en parasiete - 9 Bedreiging - 10 Klassifikasie - 11 Suider-Afrikaanse luislang en die mens - 12 Sien ook - 13 Bronne - 14 Eksterne skakels Beskrywing[wysig | wysig bron] Die jong, onvolgroeide slange is baie slank gebou, terwyl die volgroeide Suider-Afrikaanse luislange 'n baie kragtige lyf het.[5] Die breë, groot kop is duidelik van die nek onderskeibaar. Die snoet is na die punt toe afgerond. Hier sit die neusgate skuins tussen die bo- en die sykante van die kop.[6] Die grypstert maak sowat 11% van die wyfies en tot oor die 13% van die mannetjies se totale lengte uit.[5] Die spore is by die mannetjies groter as by die wyfies.[7] Skubbe[wysig | wysig bron] By slange word na skubbe dikwels as skilde verwys. 'n Skild is 'n skub met 'n spesiale beskermende funksie.[8] Een groot paar internasale skilde (tussenneusskilde) volg twee groot pare prefrontale skilde (voor-voorhoofskilde). Die res van die bokant van die kop is kenmerkend met klein, onreëlmatige skilde bedek. So is die frontale skilde (voorhoofskilde), in teenstelling met die Afrika-rotsluislang, in vele individuele skilde verdeel en daarom nie meer as sodanig herkenbaar nie.[7] Op die sykant van die kop vind mens baie klein loreale skilde (leiselsskilde). Hulle aantal is minder as die Afrika-rotsluislang s'n. Rondom die oog is 'n ring van 8 tot 13 sirkumorbitale skilde (oogkas-omringende skilde).[9] Daarvan is die supraokulêre skilde (bo-oogse skubbe) in teenstelling met die ander spesie in twee of drie individuele skubbe verdeel. Dit vorm 'n groot bo- en een tot twee kleiner onder- preokulêre skilde (vooroogskilde), drie tot vier postokulêre skilde (agteroogskilde) en meestal drie infraokulêre skilde (onderoogskilde). Van bo gesien dra die rostrale skild (snoetskild) twee diep labiaalgroewe (lipholtes). Van die 10 tot 16 supralabiale skilde[9] (bolipskilde) besit die twee voorstes lipgroewe of lipkuiltjies. Daar is 17 tot 24 infralabiale skilde (onderlipskilde),[9] waarvan die eerste 4 tot 6 swak herkenbare hittegevoelige lipkuiltjies het.[7] Die aantal ventrale skilde (pensskubbe) wissel na gelang van die individu tussen 260 en 291; die aantal rugskildrye in die middellyf is gewoonlik tussen 78 en 99. Vanaf die kloaak tot by die stertpunt kan 63 tot 84 pare subkoudale skilde (onderstertskubbe) gevind word.[9] Kleur[wysig | wysig bron] Die grondkleur wissel van ligbruin, oranje,[10] olyfgroen[6] tot grys. Die slangvelpatroon is nie eentonig nie, maar veranderlik. In die voorste derde van die lyf is groot, oorwegend reghoekige, donkerbruin, swartrandige[7] rugvlekke wat na die stert se kant toe saamsmelt en 'n aaneenlopende donker rugband vorm. Hierdie donker rugband loop oor die rand na die flanke heen en al langs die ruggraat se ligte vlekke af. Laasgenoemde versmelt vanaf die agterlyf om onafgebroke strepe te vorm. Die donker rugpatroon word rondom geskei deur 'n dun, heelwat onduidelike ligte gaping van die grondkleur.[9] Al langs die flanke is groot, smal donkerbruin vlekke met halfligte middelpunte. In die agterlyf versmelt die flankvlekke dikwels met mekaar en met die rugpatroon.[7] By sowat 25 % van hierdie slange is daar 'n lang, streepvormige ligbruin gedeelte tussen die donker patroon van die bokant van die stert. By 50% is hierdie gedeelte onderbroke en by 25% heeltemal afwesig. Op die wit pens is daar enkele swart vlekke; op die onderkant van die stert is dit talryker.[9] Die kop van die Suider-Afrikaanse luislang is oor die algemeen minder kontrasterend van kleur en die patroon yler gevorm as by die Afrika-rotsluislang. Die ligbruin tot ligpienk gekleurde[7] bokant van die kop het 'n pylvormige donkerbruin patroon wat van die neus deur die oog tot by die nek loop en in die middel oor 'n helder strepie beskik. Aan die sykant van die kop loop daar 'n dun donker streep vanaf die neusgat deur die oog. Op die bolip onder die oog is 'n klein donker driehoek. Dit is meestal verklein of in 'n paar klein vlekkies opgebreek. Onder omtrent die oogmiddellyn loop 'n donker streep na agter tot min of meer by die mondhoek. Hierdie streep kan in sy sentrum duidelik helderder wees. Op die wit onderkant van die kop, die onderlip en die keel is 'n patroon van 'n paar klein vlekkies. Ook die res van die onderkant van die kop het gewoonlik 'n paar donker vlekke.[9] Die iris is donkerbruin en nouliks van die swart pupille onderskeibaar.[9] Lengte[wysig | wysig bron] Die Suider-Afrikaanse luislang word gemiddeld tussen 2,8 en 4 meter lank.[10] Individue met 'n lengte van meer as 4,6 meter is 'n seldsame verskynsel.[11] Wat lengte en massa betref bestaan daar by hierdie slangsoort 'n geslagsdimorfisme: die wyfies is gewoonlik aansienlik groter en swaarder as die mannetjies.[9] Van die 75 individue wat in Suid-Afrika ondersoek is, was die langste wyfie 4,34 meter lank en het 53,4 kilogram geweeg. Die grootste mannetjie was 4,23 meter lank en het 31,1 kilogram geweeg.[5] In die verlede is massiewe uitgerekte slangvelle herhaaldelik by optekening gebruik, wat die historiese syfers onakkuraat maak. Slegs een goeie bewys van destyds is 'n lewende eksemplaar van 5,56 meter lank. Dit is in die voormalige Koninkryk van Zoeloeland gevang, deur FitzSimons (1930) gemeet en in die slangpark te Port Elizabeth vertoon.[11] Die langste Suider-Afrikaanse luislang wat wetenskaplik korrek opgeteken is, is uit die voormalige Transvaal afkomstig. Dit was, volgens Branch & Haacke (1980), gesamentlik 5,8 meter lank.[12] Verspreidingsgebied[wysig | wysig bron] Die verspreidingsgebied van die Suider-Afrikaanse luislang wissel op die Afrika-vasteland vanaf die ewenaar suidwaarts na Suid-Afrika. In Sentraal-Afrika is hierdie slangsoort in Suid-Angola, in die oostelike en suidoostelike deel van die Demokratiese Republiek van die Kongo en in Zambië verspreid. In Oos-Afrika kry mens hierdie luislang in Kenia, Suid-Tanzanië, Burundi, Malawi, Mosambiek en Zimbabwe. In Suider-Afrika strek sy voorkoms van Noord-Namibië oor Botswana, eSwatini tot in die suidoostelike deel van Suid-Afrika.[9] In die Oos-Kaap in Suid-Afrika is die suidelikste luislangbevolking geleë. Dit is ten volle geïsoleer en ongeveer 350 kilometer van ander populasies afgesonder.[5] 'n Ander klaarblyklik geïsoleerde bevolking is in die Kalahari Gemsbok Nasionale Park in die Suid-Afrikaanse ZF Mgcawu-distrik, wat moontlik ook verbindinge het met 'n vermoedelik soortgelyke geïsoleerde populasie in Suid-Namibië.[13][14] Die spesie is afwesig in die woestyngebiede aan die weste en die suide van Namibië en Botswana en in die westelike helfte van Suid-Afrika.[5] Daar word vermoed dat die Suider-Afrikaanse luislang eens noordwaarts al langs die westelike en oostelike valleie van die Groot Skeurvallei versprei het waar die Afrika-rotsluislang oorheersend is.[15] In Kenia is daar 40 km noordwes van Mwingi vandag nog 'n gebied waar die twee luislangspesies se habitatte oorvleuel. Ook in Burundi en in die ooste van die Kivuprovinsie van die Demokratiese Republiek van die Kongo bestaan daar nog oorblywende bevolkings. In Tanzanië oorvleuel die verspreidingsgebiede van beide spesies oor 'n ruim 900 kilometer.[15] Vorige ondersoeke in Angola toon 'n volledig ruimtelike skeiding van al twee spesies.[9] Habitat[wysig | wysig bron] Die Suider-Afrikaanse luislang hou oorwegend in die oop savannes.[9] Daarbenewens bly hy ook in bosryke klowe, kusruigtes, op langgrasveld, die oop bosveld, op rotsagtige heuwels en soms selfs in halfwoestyne.[10] Hy kan veral aangetref word in die nabyheid van standhoudende waterbronne soos riviere en mere.[7] In die Katangaprovinsie van die Demokratiese Republiek van die Kongo is hierdie slang op die Kundelungu-plato 1 750 meter bo seevlak gevind. In die Nyanga-distrik van Zimbabwe en moontlik ook in Kenia en Tanzanië kan sy habitat hoogtes van 2 000 meter bo seespieël bereik. In Kenia en Noord-Tanzanië, waar die Suider-Afrikaanse luislang en die Afrika-rotsluislang se verspreidingsgebiede oorvleuel, is die Suider-Afrikaanse luislang hoofsaaklik in die hoër dele teenwoordig.[9] As 'n beduidende kultuurvlugter vermy die Suider-Afrikaanse luislang menslike nedersettings en intensiewe landbougebied.[16] In die plantasies wat matig intensief verbou word maak hy egter gereeld jag op knaagdiere. Hy sal ook soms op plase deur die reuk van vee nadergelok word.[11] Ondersoeke het getoon dat die verspreidingsgebied van hierdie luislange onder andere beperk word deur die koel omgewing, deurdat lae temperature suksesvolle teling aansienlik inperk. So sal 'n Suider-Afrikaanse luislang teoreties in koeler streke kan oorleef, maar nie suksesvol voortplant nie. In baie gebiede onderworpe aan barheid en klimaatskommelinge is die voorkoms van hierdie luislang dikwels toe te skryf aan die teenwoordigheid van erdvarke, vlakvarke en ystervarke, omdat hulle gate as optimale mikro-habitat vir die spesie kan dien.[5] Gedrag[wysig | wysig bron] Die Suider-Afrikaanse luislang is oorwegend 'n grondslang,[17] wat hom op die grond gemaklik tot vinnig en reguit kan voortbeweeg.[7] Anders as wat die naam luislang kan tipeer, wat aktiwiteit en beweging betref, is die spesie oor die algemeen baie lewendig en voortdurend aan die beweeg. In Suid-Afrika kon deur 'n opspoortoestel vasgestel word dat volwasse individue binne enkele dae afstande van vyf kilometer kan aflê en oor 'n jaar heen 'n gebied van meer as 500 hektaar kan dek.[5] As bobaas-klimdier is die slang dikwels te vinde in die takke van bosse en bome, besig om te rus of op die uitkyk te wees vir prooi.[7] By laasgenoemde neem die slang tot die laaste oomblik op die oorhangende tak 'n gespanne waghouding in, voordat hy geruisloos onder op die verbylopende prooidier val.[11] Suider-Afrikaanse luislange is goeie swemmers.[7] Hulle kan partykeer meer as twee meter diep duik en vir ten minste 15 minute sonder lug klaarkom.[11][18] Sommiges kan vir lang tye onder vlak water by die oewer lê met net die neusgate en oë wat bo die oppervlakte uitsteek. Vanuit hierdie goed gekamoefleerde posisie kan prooidiere dikwels beloer word wat na die water om drinkdoeleindes kom.[7] Hoewel die Suider-Afrikaanse luislang in Suid-Afrika naby water bly, is die neiging onder enkele individue om te swem eerder 'n uitsondering op die reël. Slegs gemiddeld 3% van die dae per jaar is deur die 24 ondersoekte slange in water deurgebring. Die badsessie is eerder seisoensgebonde. Om die afgekoelde lyf ná afkoeling deur water van gemiddeld 20ºC te verwarm, sal die luislange prakties oor hierdie tyd daagliks sonbestraalde dele aan land gaan opsoek.[5] Op die oog af leef jong luislange weens die talle roofdiere in die verborgenheid, terwyl die uitgegroeide slange bedags dikwels ure lank in die oopte deurbring.[5] As wegkruip- en lêplek verkies die spesie onder andere: boomtoppe, bosse, lang gras, hol boomstamme, verlate gate van erdvarke, vlakvarke en ystervarke, diep klowe, rotsskeure, onbewoonde termiethope en oewerplantegroei.[11] Suider-Afrikaanse luislange is sowel dag- as nagdiere, waarby hul saans die meeste aktiwiteit toon.[7] Die dagaktiwiteite hang egter af van die omgewingstemperatuur. In Suid-Afrika, waar beduidende seisoenale temperatuurverskille voorkom, is hierdie spesie in die lente sowel bedags as snags aktief. Hierdie gunstige temperature bevorder hul bewegings- en paringsdrang.[5] Met die toenemende somershitte word hul aktiwiteit toenemend tot die gematigde nag beperk; die dag word in skaduwee en koel wegkruipplekke deurgebring.[19] Teen herfs is die temperature weer gunstig vir dag- en nagaktiwiteite. Om sonder kos in die koel wintermaande klaar te kom, verhoog hul soektogte in hierdie herfstyd na kos. In die koel winter bly die luislange in klimaatgunstige grotte en hul verlaat meestal slegs in die warm smiddae om in die son vir sowat twee ure te bak. Sommige van hulle bly ook met erg verminderde aktiwiteit vir 'n hele week lank ondergronds.[5] In Suid-Afrika word sonbaaiplekke vir meer as die helfte van die klimaatgunstige dae van die jaar, veral in die herfs en winter, aktief opgesoek. Die luislange lê soggens in die son met die doel om 'n opmerklik eenvormige, geslagsonspesifieke en slegs geringe seisoensgebonde liggaamstemperatuur van ongeveer 32 ºC te verkry. Om nie te oorverhit nie, wissel hul dan na 'n skaduryke plek in die gras of onder ander plantegroei en neem soms 'n wagposisie in. Na gelang van die sonligtyd pendel hul dan soms meer as vyf keer en oor 'n tydperk van meer as vier ure tussen sonnige en skaduryke plekke om hul liggaamstemperatuur te reguleer. Uitsonderings sluit egter prooiverterende luislange in, asook dragtige en broeiende wyfies, wat nog langer in die son bak en hierdeur 'n aansienlike hoë doeltemperatuur van omtrent 35 ºC probeer bereik. Oor die algemeen verhit die Suider-Afrikaanse luislange twee keer so vinnig as wat hulle afkoel. Klein luislange van een meter lank verwarm omtrent twee keer so vinnig as baie groot slange van 4 meter. Die verwarmingstydperk is egter vir die groot slange kort genoeg om slegs 'n klein deel van die dag in die son te baai. So benut volwasse slange ook in die winter minder as twee uur in die son om hul lyf van soms onder 15 ºC na die gewenste 32 ºC te verwarm.[5] Dieet[wysig | wysig bron] Die dieet van die Suider-Afrikaanse luislang bestaan hoofsaaklik uit warmbloedige diere. Jong luislange vreet dikwels voëltjies en knaagdiere,[20] selde ook akkedisse en paddas, maar soos hulle ouer word, vreet hulle ook groter prooi soos klipdassies, fisante en tarentale.[20] Van die algemeenste prooidiere by onvolgroeide en volgroeide Suider-Afrikaanse luislange is die klipdassie, egte hase, springhase,[11] rietrotte en ander knaagdiere, kleintjies van die egte varke, katsoorte,[11] jakkalse,[11] klein ape soos die blouaap[19], grondvoëls en klein boksoorte soos die gewone duiker, blouduiker,[11] tropiese grysbok[11] en rooiboklammers. Soms sal ook ystervarke aangedurf word.[7] In seldsame gevalle word ook vis, soos die kurper,[7] likkewane, Nylkrokodilletjies, eendeiers en selfs aas verslind.[19] Knewels van 4 meter is in staat om prooi van 25 kilogram in te sluk. Van die baie groot Suider-Afrikaanse luislange kan, in seldsame gevalle, kans sien vir jong waterkoedoes, jong bontebokke[19], jong njalas[19], bohorrietbokkies, waterboklammers, wildehonde[19] en klein jagluiperds.[19] [7] Buitengewone groot prooidiere kan ook gevreet word. So het 'n Suider-Afrikaanse luislangwyfie van 4,7 meter en 37 kilogram 'n byna ewe swaar halfvolwasse rooibok van 35 kilogram ingesluk.[16] Daar is ook 'n geval opgeteken waar 'n individu van 4,88 meter 'n rooibok van 59 kilogram gevang het.[12] 'n Volwasse Suider-Afrikaanse luislang sal dikwels rondswerf op soek na kos.[19] Meer dikwels is hy op die uitkyk vir prooi in die takke, op die rivieroewers of lê versteek naby die rand van 'n wildspaadjie. Die luislang het hittereseptore op sy lippe wat hom in staat stel om sy prooi se hitte waar te neem en dus selfs in die donker akkuraat te pik.[20] Die prooi word met die slang se skerp, teruggekromde tande gebyt, waarna die slang hom om die prooi krul.[20][7] Verhoudingsgewys word om klein prooi een, groter prooi twee en vir baie groot prooi tot vyf omwikkelings gemaak, waarby in die laaste geval omtrent die hele lyf gebruik word.[11] Die slang krul hom so styf as moontlik om die prooi en met elke uitaseming van die dier, word die kronkels se drukking vermeerder totdat die dier versmoor. Bene word nie met opset in mekaar gedruk of gebreek nie: sodra die prooi se hartklop ophou, ontspan die luislang sy kronkels. Nadat die prooi gedood is, sal die slang dit met sy trillende tong ondersoek en dit dan kop eerste insluk.[20] Hierdie ondersoek met die trillende tong het die wanopvatting by die mens laat ontstaan dat die luislang sy prooi eers glad lek voordat hy dit insluk.[21][22] Die inslukproses kan soms tot anderhalf uur in beslag neem.[11] Die verorbering van ystervarke en gehoringde boksoorte het dikwels wonde tot gevolg. So is verskeie individue waargeneem waar die horings die slukderm, die ribbeboog en die vel deursteek. Hierdie groot wonde genees egter in die meeste gevalle heeltemal sonder gevolge.[7] Die luislang kan ná 'n groot maaltyd drie tot ses maande sonder kos bly.[20] Voortplanting[wysig | wysig bron] In Sentraal-Afrika is paring en die lê van eiers oor die hele jaar heen waargeneem. Suidwaarts raak voortplanting meer seisoensgebonde.[10] In Suid-Afrika is die paringstyd tydens die koel winter van einde Junie tot begin September.[5] Bronstige wyfies tree in hierdie tyd baie aktief op en lê lang afstande af.[19] Die mannetjies spoor die bronstige wyfies op deur hul feromoonspore op die grond te volg. Tot so 12 mannetjies volg gelyktydig die wyfie. Die mannetjies toon geen tekens van aggressie teenoor mekaar nie.[5] Waarnemings in gevangenskap toon dat die dominante luislangmannetjie gedurende die toenaderingstyd herhaaldelik van agter oor die wyfie seil. Daarby druk hy hom teen haar lyf, streel en du saggies met sy snoet in haar nekarea en vlei sy stert teen die kant van hare. As die wyfie gereed is om te paar, lig sy haar stert op en maak die kloaak oop. Dan volg die 54 tot 173 minute lange kopulasie.[16] Dragtige Suider-Afrikaanse luislange bak in vergelyking met onbevrugte wyfies meer dikwels in die son en probeer 'n liggaamstemperatuur van sowat 35 ºC verkry.[5] In Suid-Afrika soek die wyfie 'n nes ná die draagtyd van ongeveer twee maande by die aanvang van die nat en warm seisoen van September tot Desember.[5] Ondere andere is leë gate van erdvarke, vlakvarke en ystervarke geskik hiervoor, asook verlate termiethope en diep rotsskeure.[11] By die lê van eiers by 14 wyfies afsonderlik is 17-74 eiers, gemiddeld 30 eiers, getel.[16] Die aantal eiers is van die grootte en bou van die wyfie afhanklik en ook selde sal tot 100 eiers gelê word.[7] Hierdie 62–92 × 53–64 millimeter en 114-149 gram, taai, wit eiers word dan deur die wyfie se lyf omwikkel en soos 'n toring[11] van 45-60 sentimeter in deursnee en 'n hoogte van tot 30 sentimeter gestapel.[16] Die luislang is ongewoon onder die slange aangesien die wyfie tydens die broeitydperk by haar eiers bly: sy spandeer 80% tot 100% van die tyd om haar eiers gekrul, om hulle te beskerm en die eiers warm te hou. Sy sal die eiers slegs verlaat op soek na water en sal tydens die periode glad nie eet nie.[20] Die inkubasie- en broeitydperk is ten nouste afhanklik van 'n relatief konstante broeitemperatuur van oor die 28 ºC. Omrede die broeiplektemperatuur ten minste in Suid-Afrika ook bedags onder hierdie temperatuur verkeer, moet die inkubasietemperatuur aktief verhoog word. In teenstelling met ander spesies van die genus Python kan die Suider-Afrikaanse luislangwyfie die broeitemperatuur sonder spierbewing verhoog. Pleks daarvan verlaat sy gewoonlik twee keer per dag die nes om in die son tot omtrent 35 ºC te bak – soms selfs tot onder die dodelike liggaamstemperatuur van oor die 40 ºC. Sy keer dan onmiddellik terug na die broeisel om die gewonne liggaamstemperatuur aan die eiers en die "broeikas" af te gee. Omrede die lyfkleur van die broeiwyfie weens hormonale veranderinge amper swart word, funksioneer die hitte-absorpsie in hierdie tydperk doeltreffender. In enkele gevalle is opgemerk dat die wyfie na water gegaan het, haar lyf natgemaak en na die nes teruggekeer het en so aktief die vogtigheid van die broeikas gereguleer het.[5] Oor die algemeen is blootgestelde wyfies uiters sku en draai selfs by geringe steurnisse beskermend na die broeisel terug.[19] In gevangenskap broei die eiers uit ná 'n tydperk van 79-110 dae, afhangende van die broeitemperatuur.[16][23] Die 48-63 sentimeter en 66-77 gram slangetjies is helderder en die patrone duideliker[6] as die volgroeide luislange.[16] Volgens waarnemings in Suid-Afrika bly die wyfie en kleintjies nog ongeveer twee weke in die nes. Oordag verlaat hulle die broeiplek om voor by die ingang in die son te bak. Saans keer die wyfie na die nes terug en krul haar om die leë eierdoppe. Die luislangetjies seil dan in die kronkels van die wyfie en benut haar as bron van hitte. Daar word vermoed dat hierdie warmte die vertering aanhelp van die nog gebergte dooier in die slangetjies se mae. Dit wil voorkom of die wyfie nie meer 'n beskermingsfunksie vervul wanneer in samesyn verkeer word nie; sy is eintlik taamlik bang en soek by stoornisse heel eerste skuiling. Na omtrent 12 dae vervel die slangetjies die eerste keer; 'n dag of twee later verlaat hulle die nes finaal.[19] Die geslagsrypheid word in gevangenskap teen 2,2-6 jaar by 'n lengte van omtrent 2,5 meter[7] bereik.[16] Vrylewende luislange moet soms vermoedelik, deels te wyte aan ongunstige omstandighede, meer as 10 jaar oud word voordat hulle geslagsryp is.[7] Die lê van eiers en die gevolglike broeityd gaan by die wyfie met 'n baie hoë energieverbruik gepaard. Teen die einde van die inkubasietydperk verloor sy gemiddeld 60% van haar oorspronklike massa. Voortplanting hou dus 'n verhoogde sterfterisiko in. 'n Reeds verswakte wyfie van 4,37 meter en 42 kilogram voor voortplanting het ná teling 12 kilogram geweeg en kort daarna gevrek.[5] Om weer die oorspronklike liggaamsmassa te herwin kan 'n paar maande duur. Om hierdie rede lê die vrylewende wyfies dikwels slegs elke tweede of derde jaar eiers.[19] Ouderdom en lewensverwagting[wysig | wysig bron] Roofvyande en parasiete[wysig | wysig bron] Onder die talle nesrowers is daar rotte, (dwerg)muishonde, jakkalse[11] en likkewane.[7] Voorts het die Suider-Afrikaanse luislang in sy jong stadium baie vyande, byvoorbeeld: krokodille, luiperds,[7] ratels, weereens (dwerg)muishonde en slangvretende slange soos die Kaapse vylslang (Mehelya capenis).[16] In hul volgevrete toestand is groot luislange ook in hul voortbeweging en verdediging ingeperk en kan onder andere prooi word vir hiënas en wildehonde.[13] Soms word hierdie luislange ook deur wildevarke, veral die vlakvark, aangeval wat sy kleintjies teen roofdiere verdedig. Suider-Afrikaanse luislange van 4 meter is reeds doodgemaak.[7] Andersins blyk groot slange teen roofdiere weerstand te bied.[5] Soos by die meeste ander slange word 'n aantal parasiete op die Suider-Afrikaanse luislange aangetref. Onder die ektoparasiete is verskeie bosluise en myte. Tot op hede is ook verskeie protosoë in die ingewande en bloed gevind, waaronder in die spysverteringskanaal die lintwurm (Cestoda) en aalwurm (Nematode), en in die longweefsel die tongwurm (Pentastomida) van die soort Armillifer.[7] Bedreiging[wysig | wysig bron] Waar die Suider-Afrikaanse luislang eens talryk en wyd verspreid was, het hy intussen in baie dele van sy verspreidingsgebied skaarser geword. Vir dekades is hierdie luislang in baie lande binne sy verspreidingsgebied vir die leernywerheid gevang en gedood[19], maar in 'n mindere mate as enige luislangsoort van Suidoos-Asië. Ook eet baie Afrika-stamme sy blykbaar voedsame vleis en gebruik die vet vir hul tradisionele medisyne. Baie boere is tans deeglik bewus dat die Suider-Afrikaanse luislang 'n belangrike funksie vervul in die uitroei van pesdiere soos rietrotte, dassies en jakkalse op landbougrond, maar hierdie slange word nog steeds gejag uit vrees dat ander nuttige diere opgevreet sal word.[24] Soms word hulle ook doodgemaak uit vrees dat kindertjies gedood sal word.[25] Verder is hierdie luislang as kultuurvlugter geneig om uit digbevolkte gebiede pad te gee en om intensief verboude landbougrond te vermy.[16] So het byvoorbeeld die fel en plotselinge ontbossing vir die uitbreiding van suikerrietplantasies in Suid-Afrika tot plaaslike uitroeiing gelei.[24] Tans raak dit ook kommerwekkender hoeveel luislange die Suider-Afrikaanse paaie oorsteek en doodgery word. Daarbenewens neem die grootskaalse gebruik van elektriese heinings vir weiding toe, sodat al hoe meer luislange vrek weens elektriese skokke. Hierdie voortdurende neiging word as 'n toekomstige bedreiging vir individuele bevolkings beskou.[19] Die Oos-Kaapse luislangbevolking word reeds in 1927 as gevolg van intensiewe jag en habitatvernietiging as uitgesterf gereken. In die volgende paar jaar is in die gebied steeds enkele individue opgemerk, maar die uiteindelike herstel van hierdie kwynende bevolking was egter nie denkbaar nie.[5] Danksy 'n hervestigingsprojek, waar 34 Suider-Afrikaanse luislange tussen 1980 en 1987 in die Andries Vosloo Koedoereservaat vrygelaat is,[24] het die Kaapse bevolking intussen weer begin groei. Sedert die spesie kragtens die Suid-Afrikaanse Wet in 1988 onder beskerming geplaas is, het vele ander hervestigingsprojekte ook hier begin plaasvind. Ook in gebiede wat nog nie voorheen deur hierdie luislange bewoon is nie, is herinvoering met gedeeltelike sukses uitgevoer.[5] In Namibië is hierdie luislang reeds sedert 1975 voorkomend onder beskerming geplaas, sodat geen beduidende leer- en dierehandel gevestig kon word nie. Hoewel die Suider-Afrikaanse luislang in die landelike gebiede van Namibië ook vandag nog heel dikwels onwettig doodgemaak word, is sy voortbestaan in gebiede afgesonder van mense nog relatief hoog en het sy groot verspreidingsgebied grotendeels bewaar gebly.[14] Ten spyte van die sigbare agteruitgang oor die hele verspreidingsgebied heen, word die Suider-Afrikaanse luislang steeds as wydverspreid gesien, heel dikwels veral in enkele wildtuine. Op grond hiervan word hy deur die IUBN as 'n onbedreigde spesie beskou.[19] CITES[26] beskou hierdie luislang egter as bedreig, is gelys in Bylae II en is onderhewig aan handelsbeperkings.[27] Klassifikasie[wysig | wysig bron] Smith beskryf die spesie in 1840 op grond van 'n Suid-Afrikaanse eksemplaar uit die omgewing van die hawestad Durban, voorheen Port Natal. Die Suider-Afrikaanse luislang kry sy wetenskaplike naam Python natalensis van hierdie plek.[28] Die verwantskap tussen die groot Afrikaanse luislange, Python sebae (Gmelin 1789), Python natalensis (Smith 1840) en Python saxuloides (Miller&Smith 1979)[29] was lank onduidelik. Daar was 'n gebrek aan eksemplare van elke spesie, veral uit die plekke waar hul simpatries[30] of parapatries[31] voorkom. Daarom is hierdie luislange in die 20ste eeu grotendeels slegs as 'n eensoortige spesie erken, naamlik Python sebae.[5] Aan die hand van 'n groot dataversameling kon Broadley (1984) luislange in 'n noordelike en 'n suidelike verspreidingsgebied afkamp, hoofsaaklik op grond van die fragmenteringssterkte van die skilde van die bokant van die kop en die patroon van die sykant van die kop. Vanweë moontlike kruisings in die oorvleuelende verspreidingsgebiede klassifiseer hy al twee groepe as subspesies en benoem die noordelike vorm Python sebae en die suidelike vorm Python sebae natalensis. Python saxuloides blyk toe 'n afwykende Keniaanse bevolking van Python sebae natalensis te wees en word met laasgenoemde gelykgestel.[9] In 1999 ken Broadley beide subspesies 'n spesiestatus toe, omdat nuwe akkurater gegewens uit die gebiede met uitgebreide simpatrie in Burundi, Kenia en Tanzanië op geen kruising dui nie.[15] In 2002 word egter berig van hibriedes naby die Tanzaniese stad Morogoro.[10] Die klassifikasie van die twee afsonderlike spesies is egter nog op grond van die huidige gegewens van krag. Daar moet verdere bewyse van hibridisering gevind of 'n genetiese ontleding verkeerd bewys word om die spesiestatus ongedaan te maak.[5] Onder die Egte Luislange (Pythons) is die Afrika-rotsluislang en die Suider-Afrikaanse luislang die nouste verwant aan die Suid- en Suidoos-Asiese Indiese en Birmaanse luislang. Dit blyk uit 'n onlangse molekulêrgenetiese ondersoek van die Afrika-rotsluislang en die Indiese en Birmaanse luislang.[32] Suider-Afrikaanse luislang en die mens[wysig | wysig bron] Gedrag teenoor mense[wysig | wysig bron] Wildlewende Suider-Afrikaanse luislange is selde aggressief. As hulle skrik of versteur word, probeer hulle so gou moontlik te vlug. 'n Luislang sal homself slegs in groot nood met 'n paar afwerende byte verdedig. Met sy skerp, teruggeboë tande kan hy diep, septiese wonde nalaat.[7] Die Suider-Afrikaanse luislang wat in die wildernis lewe raak bykans nooit by ongevalle met die mens betrokke nie. Tog word hy dikwels daarvan beskuldig dat hy mense aangeval of gedood het. Die meeste van hierdie aantygings is egter growwe oordrywings en by nadere ondersoek is gevind dat die voorval dikwels begin is deur aanvalle van die mens se kant af.[19] Slegs een sterfte kon betroubare bewyse oplewer. Dit was 'n 13-jarige seun van 1,3 meter en 45 kilogram wat in 1978 in die Waterberg-distrik tydens 'n veewagtery deur 'n Suider-Afrikaanse luislang van ongeveer 4,5 meter aangeval en versmoor is. Daar word vermoed dat die reuk van die weidende vee en die skielike verskyning van die seun tot 'n fout by die slang gelei het en daarmee die prooivanggedrag van die luislang geaktiveer het.[12] Oor die algemeen bly die luislang ook sku teenoor die mens. In die voormalige Transvaal was daar ene J.J. Marais wat 'n aantal koeie opgemerk het wat ywerig besig was om iets op die grond te lek. By nadere ondersoek bevind hy dat dit 'n groot luislang was wat besig was om te vervel. Die luislang het uitgestrek gelê en is deur die beeste gelek. Toe die slang die aanwesigheid van die mens opgemerk het, het die slang hom in 'n gat teruggetrek.[33] Kultureel[wysig | wysig bron] Vanweë hul grootte en geheimsinnige lewenswyse bestaan daar onder inheemse stamme verskillende legendes en 'n paar bygelowe omtrent hierdie luislange. Hulle is die gunstelingdiere van baie toordokters en word deur baie stamme as die beliggaming van afgestorwenes se siele gesien. Daarom word hul in baie dele van Afrika nie versteur of gedood nie. Aan die ander kant word Suider-Afrikaanse luislange deur sekere volkstamme baie graag en in groot hoeveelhede geëet. In die Demokratiese Republiek van die Kongo word hulle met spiese gejag of by die ingang van hul wegkruipplekke met strikke gevang. Koolgebraaide luislangsteak is besonder gewild. Dit proe soos Atlantiese kabeljou en is baie smaaklik, sag en geurig. Daarbenewens word die luislangvet deur baie inheemse stamme uitwendig as 'n salf teen rumatiek en borskwale aangewend en ingeneem as 'n drankie teen verskeie siektes.[7] Afrikaanse letterkunde[wysig | wysig bron] - In die 2012-boekweergawe van Wolwedans in die skemer kom sersant Berta van Schalkwyk en luitenant Conrad Nolte 'n luislang op hul pad na Hotel Njala, naby Hazyview, teë. Berta glo dit is 'n wyfie, "want net 'n wyfie kan so 'n blink vel hê".[34] Sien ook[wysig | wysig bron] Bronne[wysig | wysig bron] Verwysings[wysig | wysig bron] - Marais, Johan. 2004. Volledige gids tot die slange van Suider-Afrika Struik Uitgewers. bl. 211. - Die Afrikaanse Kinderensiklopedie. Deel II. 1959. Kaapstad: Nasionale Boekhandel Beperk. bl.719 - Elektroniese WAT (Woordeboek van die Afrikaanse Taal). - Ook hemerofoob – 'n organisme wat vlug of wegkwyn weens habitatsveranderinge weens menslike aktiwiteite - G. J. Alexander: Thermal Biology of the Southern African Python (Python natalensis): Does temperature limit its distribution? In: R. W. Henderson, R. Powell (Hrsg.): Biology of the Boas and Pythons. Eagle Mountain Publishing Company, Eagle Mountain 2007, ISBN 978-0-9720154-3-1, bl. 51–75. - J. G. Walls: The Living Pythons. T. F. H. Publications 1998, ISBN 0-7938-0467-1, bl. 142–146, 166–171. - D. G. Broadley: FitzSimons’ Snakes of Southern Africa. Delta Books 1983, ISBN 0-908387-04-0, bl. 63–69. - Marais, Johan. 2004. Volledige gids tot die slange van Suider-Afrika Struik Uitgewers. bl. 302. - D. G. Broadley: A review of geographical variation in the African Python, Python sebae (Gmelin). British Journal of Herpetology 6, 1984, bl. 359–367. - S. Spawls, K. Howell, R. Drewes, J. Ashe: A Field Guide to the Reptiles of East Africa. Academic Press, London 2002, ISBN 0-12-656470-1, bl. 305–310. - F. W. FitzSimons: Pythons and their ways. George G. Harrap & Co. Ltd, London 1930, bl. 12, 17, 23, 32, 34, 39, 41, 67. - W. R. Branch, W. D. Haacke: A Fatal Attack on a Young Boy by an African Rock Python Python sebae. Journal of Herpetology 14, Heft 3, 1980, bl. 305–307. - B. Branch, W. R. Branch: Field guide to Snakes and other Reptiles of Southern Africa. Struik Publishers 1998, ISBN 0-88359-042-5, bl. 59–60. - W. R. Branch, M. Griffin: Pythons in Namibia: Distribution, Conservation, and Captive Breeding Programs. Advances in Herpetoculture – Special Publications of the International Herpetological Symposium, Inc., 1996, bl. 93–102. - D. G. Broadley: The Southern African Python, Python natalensis A. Smith 1840, is a valid species. African Herpetological News 29, 1999, bl. 31–32. - G. V. Haagner: The husbandry and captive propagation of the southern rock python, Python sebae natalensis (at Port Elizabeth Snake Park, South Africa). British Herpetological Society Bulletin 42, 1992–1993, bl. 30–41. - Slang wat meestal op die grond leef - M. N. Bruton: The amphibians, reptiles, birds and mammals of Lake Sibayi. In: B. R. Allanson (Hrsg.): Lake Sibayi. Monographiae Biologicae 36, 1979. Zit. In: G. V. Haagner: The husbandry and captive propagation of the southern rock python, Python sebae natalensis. British Herpetological Society Bulletin 42, 1992–1993, bl. 30–41. - G. J. Alexander, J. Marais: A Guide to the Reptiles of Southern Africa. Struik Publishers, Cape Town 2007, ISBN 978-1-77007-386-9, bl. 61–65. - Patterson, Rod. 1986. Slange. Eerste uitgawe. Struik uitgewers: Kaapstad. ISBN 0-86977-288-0 - Boonstra, L.D. 1959. "Hoe slange hul prooi insluk". In: Albertyn, C.F. (red.) Afrikaanse Kinderensiklopedie Deel II. Kaapstad: Nasionale Boekhandel. bl. 720: Om die afglip van die prooi te bevorder, skei die spuugkliere 'n groot hoeveelheid speeksel af. Dis natuurlik nie waar dat slange met hul tong eers hul prooi glad lek nie. 'n Mens sou net sowel 'n huis met 'n pap vuurhoutjie kan afwit. Daar die prooi soms so groot is, lyk dit asof 'n slang se nek en kop uitmekaar gaan bars, en om te verhoed dat die slang gedurende die slukkery verstik, is die end van die lugpyp so gebou dat dit voor by die bek uithang. Slange verstik juis nie maklik nie. - Fourie, P.F. 1983. Nasionale Krugerwildtuin Vrae en Antwoorde. Nelspruit: Laeveld Drukkers. bl. 327-328 - W. R. Branch, R. W. Patterson: Notes on the development of embryos of the Arican Rock Python, Python sebae (Serpentes: Boidae) (at Transvaal Snake Park). Journal of Herpetology 9, 1975, bl. 243–248. - W. R. Branch: Python sebae natalensis: Species account. South African Red Data Book – Reptiles and Amphibians. South African National Scientific Programmes Report No. 151, 1988, bl. 61–65. - G. R. McLachlan: South African Red Databook – Reptiles and Amphibians. South African national scientific programmes report 23, 1978, bl. 32, online, pdf. - Konvensie oor Internasionale Handel in Bedreigde Spesies van Wilde Fauna en Flora - CITES: Convention on International Trade in Endangered Species of Wild Fauna and Flora: Appendices I, II and II, valid from 1 July 2008, online. - A. Smith: Illustrations of the zoology of South Africa, Reptilia. Smith, Elder, and Co., London 1840. (Smith nennt diesen Python zwar bereits im South African Quarterly Journal, new series, Oct. 1833, bl. 64, jedoch gilt erst seine Arbeit von 1840 als Artbeschreibung) - T. J. Miller, H. M. Smith: The Lesser African Rock Python. Bulletin of the Maryland Herpetological Society 15, Heft 3, bl. 70–84. Zit. in: G. J. Alexander: Thermal Biology of the Southern African Python (Python natalensis): Does temperature limit its distribution? In: R. W. Henderson, R. Powell (Hrsg.): Biology of the Boas and Pythons. Eagle Mountain Publishing Company, Eagle Mountain 2007, ISBN 978-0-9720154-3-1, bl. 51–75. - Waar twee of meer organismes dieselfde plek as habitat deel en mekaar dus gereeld teëkom. - Waar twee of meer organismes se habitatte nie opvallend oorvleuel nie, maar direk by mekaar aansluit of grens. - L. H. Rawlings, D. L. Rabosky, S. C. Donnellan, M. N. Hutchinson: Python phylogenetics: inference from morphology and mitochondrial DNA. Biological Journal of the Linnean Society 93, 2008, bl. 603–619, online, pdf. - Grzimek, B. 1969. Verschlingen Riesenschlangen Menschen? Grzimek unter Afrikas Tieren: Erlebnisse, Beobachtungen, Forschungsergebnisse. Frankfurt: Ullstein. S. 93: Auch Riesenschlangen sind für Hilfe beim Häuten gelegentlich zu haben. In Transvaal wurde Herr. J.J. Marais unlängst auf eine Anzahl von Kühen aufmerksam, die auf der Weide eifrig etwas auf der Erde beleckten. Als er näher ging, stellte er fest, daß es ein großer Python war, der sich gerade häutete. Die Riesenschlange lag ausgestreckt und wurde von den Rindern geleckt. Als sie die Anwesenheit des Menschen merkte, zog sich die Schlange in ein Erdloch zurück. - Van Nierop, Leon. 2012. Wolwedans in die skemer. Kaapstad: Tafelberg-Uitgewers. bl. 352-353: Conrad sug en slaan dan remme aan. Voor hulle seil 'n luislang stadig oor die pad. Albei is vir 'n oomblik stil. "Bliksem. Wat 'n moeder van 'n slang!" sug hy. "Ons moet net hoop sy maak dit betyds tot in die bosse voor iemand anders hier verbykom, anders is sy, soos die renosters deesdae, bloot 'n trofee." "Hoe weet jy dit is 'n wyfie?" "Want net 'n wyfie kan so 'n blink vel hê." Literatuur[wysig | wysig bron] - ( G. J. Alexander: Thermal Biology of the Southern African Python (Python natalensis): Does temperature limit its distribution? In: R. W. Henderson and R. Powell (Eds.): Biology of the Boas and Pythons. Eagle Mountain Publishing Company, Eagle Mountain 2007, ) ISBN 978-0-9720154-3-1: bl. 51–75. - ( G. J. Alexander, J. Marais: A Guide to the Reptiles of Southern Africa. Struik Publishers, Cape Town 2007, ) ISBN 978-1-77007-386-9, bl. 61–65. - ( D. G. Broadley: A review of geographical variation in the African Python, Python sebae (Gmelin). British Journal of Herpetology 6, 1984, bl. 359–367. ) - ( D. G. Broadley: FitzSimons’ Snakes of Southern Africa. Delta Books 1983, ) ISBN 0-908387-04-0, bl. 63–69. - ( S. Spawls, K. Howell, R. Drewes, J. Ashe: A Field Guide to the Reptiles of East Africa. Academic Press 2002, ) ISBN 0-12-656470-1, bl. 305–310. Eksterne skakels[wysig | wysig bron] - Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Gewone luislang. - ( ) reptile-database.reptarium.cz: Python natalensis Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Duitse Wikipedia vertaal. |
<urn:uuid:9347748d-fab1-4b79-ab76-37760ca39812>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Gewone_luislang
2019-07-19T19:26:03Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526337.45/warc/CC-MAIN-20190719182214-20190719204214-00335.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99991
false
Kategorie:Christendom in Namibië Jump to navigation Jump to search Wikimedia Commons bevat media in verband met Christianity in Namibia. | Subkategorieë Hierdie kategorie bevat slegs die volgende subkategorie. G -
<urn:uuid:ba099dec-0ffa-429a-b71c-d08267a2215e>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Christendom_in_Namibi%C3%AB
2019-07-19T18:58:09Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526337.45/warc/CC-MAIN-20190719182214-20190719204214-00335.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.947494
false
Kategorie:Vulkaniese eilande Jump to navigation Jump to search Subkategorieë Hierdie kategorie bevat die volgende 7 subkategorië, uit 'n totaal van 7. Bladsye in kategorie "Vulkaniese eilande" Die volgende 16 bladsye is in hierdie kategorie, uit 'n totaal van 16.
<urn:uuid:63989f8d-b931-4ce9-beda-e32ac01d099e>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Vulkaniese_eilande
2019-07-19T19:15:50Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526337.45/warc/CC-MAIN-20190719182214-20190719204214-00335.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99955
false
Boesmansriviermond Boesmansriviermond | | Boesmansriviermond se ligging in Oos-Kaap Koördinate: Koördinate: | | Land | Suid-Afrika | ---|---| Provinsie | Oos-Kaap | Distrik | Sarah Baartman | Munisipaliteit | Ndlambe | Oppervlak[1] | | - Dorp | 15,82 km² (6,1 vk m) | Bevolking (2011)[1] | | - Dorp | 6 147 | - Digtheid | 389/km² (1 007,5/myl2) | Rasverdeling (2011)[1] | | • Blank | 8.3% | • Kleurling | 13.6% | • Swart | 77.5% | • Ander | 0.5% | Taal (2011)[1] | | • Xhosa | 74.1% | • Afrikaans | 16.9% | • Engels | 6.6% | • Ander | 2.3% | Poskode (strate) | 6190 | Poskode (posbusse) | 6190 | Skakelkode(s) | 046 | Webwerf: http://www.boesmansriviermond.net/ | Boesmansriviermond (wat deur die plaaslike bewoners dikwels net Boesmans genoem word) is 'n dorp en strandoord by die mond van die Boesmansrivier in die Suid-Afrikaanse provinsie Oos-Kaap met sowat 3 500 inwoners. Boesmans is sowat 120 km oos vanaf Port Elizabeth en 140 km wes van Oos-Londen. Die naaste dorp, Port Alfred is 25 km weg terwyl die onmiddelike buurdorpie Kenton-on-Sea is. Boesmans val binne die Ndlambe Munisipaliteit se gebied. Geografie[wysig | wysig bron] Die Boesmansrivier is die tweede grootste rivier in Suid-Afrika wat deur die getye van die see geraak word. Kwaaihoek, die plek waar die Portugese seevaarder Bartolomeu Dias in 1488 'n klipkruis opgerig het, is sowat ses kilometer van die dorp af geleë, maar kan slegs tydens ebgety op 'n staproete van drie kilometer langs die strand bereik word. Die kruis merk die mees oostelike punt van Dias se vaart om die Kaap. Die kruis is in 1938 deur dr. E. Axelson, destyds van die Universiteit van die Witwatersrand, herontdek.[2] Geskiedenis[wysig | wysig bron] Boesmansriviermond was oorspronklik net 'n kampeerplek vir boere van die omgewing en bewoners van die nabygeleë dorp Alexandria wat op grond in besit van die voormalige Departement Bosbou ontstaan het. Die departement het uiteindelik sy toestemming verleen vir die oprigting van permanente hutte in die bosbougebied naby die rivierstand, Die dorp soos ons dit vandag ken het langs die rivier af ontwikkel op n gedeelte van Thomas Futter se plaas wat aan die bosbou gebied gegrens het. Gedurende hier die 1970's is ook vir die eerste keer elektrisiteit aan die bewoners verskaf nadat hulle aanvanklik gas moes gebruik. Die dorpsgebied het later uitgebrei om ook Riversbend, 'n ontwikkeling wat stroomop van Boesmansiviermond geleë is, in te sluit. In die vakansieseisoen huisves die dorp meer as 10 000 mense. Boesmansriviermond beskik oor n algemene handelaar in die ou dorp en verskye ander besighede veral in die nywerheids gebied. Boesmans se huiseienaars en inwoners word ondersteun deur 'n aktiewe belastingbetalers organisasie, BRRAG of te wel, Boesmansriviermond Belastingbetalers Organisasie. Webblad: brrag.co.za en epos: firstname.lastname@example.org.
<urn:uuid:8648680b-30bc-44d9-aaf9-3c1387724687>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Boesmansriviermond
2019-07-21T00:45:26Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526799.4/warc/CC-MAIN-20190720235054-20190721021054-00519.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999932
false
Gebruikerbespreking:Davin7 in Wikipedia, die vrye ensiklopedie Jump to navigation Jump to search Taalvaardigheid af -1 Hierdie gebruiker het 'n basiese begrip van Afrikaans . nl Deze gebruiker heeft Nederlands als moedertaal . en -3 This user is able to contribute with an advanced level of English . de -3 Dieser Benutzer hat sehr gute Deutschkenntnisse . es -3 Este usuario puede contribuir con un nivel avanzado de español . fr-2 Cette personne peut contribuer avec un niveau intermédiaire de français . Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Gebruikerbespreking:Davin7&oldid=198061 " Kategorieë : Gebruiker af Gebruiker af-1 Gebruiker nl Gebruiker nl-M Gebruiker en Gebruiker en-3 Gebruiker de Gebruiker de-3 Gebruiker es Gebruiker es-3 Gebruiker fr Gebruiker fr-2 Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Gebruikerblad Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig bron Nuwe onderwerp Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Druk/eksporteer Skep boek Laai af as PDF Drukbare weergawe Gereedskap Skakels hierheen Verwante veranderings Gebruikersbydraes Logboeke View user groups Spesiale bladsye Permanente skakel Bladinligting Ander tale Die bladsy is laas op 2 Junie 2007 om 19:36 bygewerk. Die teks is beskikbaar onder die lisensie Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel . Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting. Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:0e404e40-5ce4-48e5-ac0d-a46f4b48f1c4>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Gebruikerbespreking:Davin7
2019-07-21T00:54:29Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526799.4/warc/CC-MAIN-20190720235054-20190721021054-00519.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.983871
false
Hulp Bladsye wat na "Abdoulaye Wade" skakel ← Abdoulaye Wade Jump to navigation Jump to search Skakels hierheen Bladsy: Naamruimte: alle (Hoof) Bespreking Gebruiker Gebruikerbespreking Wikipedia Wikipediabespreking Lêer Lêerbespreking MediaWiki MediaWikibespreking Sjabloon Sjabloonbespreking Hulp Hulpbespreking Kategorie Kategoriebespreking Portaal Portaalbespreking Module Module talk Gadget Gadget talk Gadget definition Gadget definition talk Omgekeerde seleksie Filters Versteek insluitings | Versteek skakels | Versteek aansture Die volgende bladsye skakel na Abdoulaye Wade : Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). 29 Mei ( ← skakels wysig ) Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/29 Mei ( ← skakels wysig ) Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/Mei ( ← skakels wysig ) Gebruiker:Laurens ( ← skakels wysig ) Senegal ( ← skakels wysig ) Dakar ( ← skakels wysig ) Lys van Presidente van Senegal ( ← skakels wysig ) Macky Sall ( ← skakels wysig ) Sjabloonbespreking:Succession box ( ← skakels wysig ) Wikipedia:WikiProject Check Wikipedia ( ← skakels wysig ) Bespreking:Abdoulaye Wade ( ← skakels wysig ) Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Abdoulaye_Wade " Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Gereedskap Spesiale bladsye Drukbare weergawe Ander tale Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:4c88153e-c7ef-455a-a111-4f3b3ec7366d>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Abdoulaye_Wade
2019-07-17T08:50:07Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525133.20/warc/CC-MAIN-20190717081450-20190717103359-00062.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.995988
false
Kondoom ’n Kondoom is ’n buisvormige voorbehoedmiddel wat tydens seks oor die penis gedra word. Dit kan ook seksueel oordraagbare infeksies voorkom. Dit word oor die erekte penis afgerol en vang die semen op tydens ejakulasie. Kondome word ook tydens orale seks gebruik, of om semen op te vang vir vrugbaarheidsbehandeling. Hulle word deesdae meestal van lateks gemaak, maar is ook in ander materiale beskikbaar, soos poliuretaan, poli-isopreen of skaapderm. Vroulike kondome word gewoonlik van nitrielrubber gemaak.[1] As ’n metode van geboortebepeking het kondome die voordeel dat hulle goedkoop is, maklik is om te gebruik, min newe-effekte het en beskerming teen geslagsiektes bied. Met die korrekte gebruik kan swangerskap so min as in 2 persent van gevalle voorkom. Met tipiese gebruik is die kans op swangerskap sowat 18 persent.[2] Kondome word al langer as 400 jaar gebruik. In die 16de eeu het die Italiaanse geneesheer Gabriele Falloppio ’n verhandeling geskryf oor sifilis, wat in die 1490's die eerste keer in Europa aangemeld is.[3][4] Dit is die vroegste bekende geskrif oor die gebruik van kondome; dit beskryf hoe ’n linneomhulsel in ’n chemiese oplossing laat lê is en wanneer dit droog was, is dit oor die eikel van die penis getrek en met ’n rekkie op sy plek gehou.[5][6] Volgens Falloppio het ’n proeflopie bewys dit beskerm mense teen sifilis.[7] Van die 19de eeu af is hulle een van die gewildste metodes van geboortebeperking. Verwysings[wysig | wysig bron] - "Condom | Definition of Condom by Merriam-Webster". Merriam-webster.com. Besoek op 2016-05-14. - Trussell, J (2007). "Contraceptive efficacy" (PDF). Ardent Media. Besoek op 2011-03-13. - Oriel, JD (1994). The Scars of Venus: A History of Venereology. London: Springer-Verlag. ISBN 0-387-19844-X. - Diamond, Jared (1997). Guns, Germs and Steel. New York: W.W. Norton. p. 210. ISBN 0-393-03891-2. - Collier, Aine (2007). The Humble Little Condom: A History. Amherst, NY: Prometheus Books. ISBN 978-1-59102-556-6. - "Special Topic: History of Condom Use". Population Action International. 2002. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 July 2007. Besoek op 2008-02-18. - Youssef, H (1 April 1993). “The history of the condom”. Journal of the Royal Society of Medicine 86 (4): 226–228. Eksterne skakels[wysig | wysig bron] - "Male Latex Condoms and Sexually Transmitted Diseases", US Center for Disease Control. - Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kondoom.
<urn:uuid:1d0ece51-b1f2-46df-8bec-20ba2215acd8>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kondoom
2019-07-18T13:27:37Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525634.13/warc/CC-MAIN-20190718125048-20190718151048-00223.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999548
false
Kruisement Kruisement | |||||||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Peperment (Mentha × piperita) geskets deur Koehler, 1887 | |||||||||||||||| Wetenskaplike klassifikasie | |||||||||||||||| Tipespesie | |||||||||||||||| Mentha spicata L. | |||||||||||||||| Sinonieme[1] | |||||||||||||||| Kruisement, uit die Griekse míntha, is 'n genus van plante in die familie Lamiaceae (kruisement-familie).[2] Die verskillende spesies is nie duidelik onderskeibaar nie, en skattings van hulle aantal wissel van 13 tot 18.[3] Verbastering tussen sommige van die spesies kom natuurlik voor. Kruisement is aromatiese, byna uitsluitlik meerjarige, selde jaarlikse, kruie. Hulle het 'n wye verspreiding van ondergrondse en bogrondse stolons [5] en regop, vierkantige,[6] vertakte stamme. Die blare word gedra in teenoorgestelde pare van langwerpig tot lansetvormig. Blare is dikwels donserig met 'n getande rand. Blaarkleure wissel van donkergroen en grysgroen tot pers, blou en soms liggeel. Die blomme is wit tot pers en vorm vals kranse. Die bloemwyse is dubbel gelip met vier lobbe, die boonste lob is gewoonlik die grootste. Die vrug is 'n neutjie, met een tot vier sade. Verwysings[wysig | wysig bron] - Kew World Checklist of Selected Plant Families - Harley, Raymond M.; Atkins, Sandy; Budantsev, Andrey L.; Cantino, Philip D.; et al. (2004). "Labiatae". In Kubitzki, Klaus; Kadereit, Joachim W. The Families and Genera of Vascular Plants. VII. Berlin; Heidelberg, Germany: Springer-Verlag. pp. 167–275. ISBN 978-3-540-40593-1. - (2004) “Phylogenetics of Mentha (Lamiaceae): Evidence from Chloroplast DNA Sequences”. Systematic Botany 29 (4): 959–64. doi:10.1600/0363644042450973. - Brickell, Christopher; Zuk, Judith D. (1997). The American Horticultural Society: A-Z Encyclopedia of Garden Plants. New York, NY, USA: DK Publishing. p. 668. ISBN 0-7894-1943-2. - Aflatuni, Abbas (January–February 2005). “Variation in the Amount of Yield and in the Extract Composition Between Conventionally Produced and Micropropagated Peppermint and Spearmint”. Journal of Essential Oil Research 17 (1): 66–70. doi:10.1080/10412905.2005.9698833. Besoek op 2005-05-10. - Rose, Francis (1981). The Wild Flower Key. Frederick Warne & Co. p. 310. ISBN 0-7232-2419-6.
<urn:uuid:a36a48f5-4424-4e42-8d8d-2e84543240f2>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kruisement
2019-07-18T13:17:54Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525634.13/warc/CC-MAIN-20190718125048-20190718151048-00223.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.896974
false
Auckland Park Auckland Park is 'n voorstad van Johannesburg, Suid-Afrika. Die voorstad lê op 'n geleidelike helling, en is naby Melville, Brixton, Westdene en Richmond in Johannesburg se B-streek geleë. Die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie se hoofkwartier is in Auckland Park. Auckland Park | | Auckland Park se ligging in Gauteng Koördinate: Koördinate: | | Land | Suid-Afrika | ---|---| Provinsie | Gauteng | Munisipaliteit | Stad Johannesburg | Oppervlak[1] | | - Voorstad | 1,50 km² (0,6 vk m) | Bevolking (2011)[1] | | - Voorstad | 3 276 | - Digtheid | 2 184/km² (5 656,5/myl2) | Rasverdeling (2011)[1] | | • Blank | 29.9% | • Indiër/Asiër | 13.2% | • Kleurling | 3.3% | • Swart | 51.7% | • Ander | 1.9% | Taal (2011)[1] | | • Engels | 41.2% | • Afrikaans | 17.4% | • Zoeloe | 9.5% | • Tswana | 7.2% | • Ander | 24.7% | Skakelkode(s) | 010 |
<urn:uuid:e860272a-63b9-4a8e-89df-f9197f08a473>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Auckland_Park
2019-07-19T19:21:40Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526337.45/warc/CC-MAIN-20190719182214-20190719204214-00383.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.874325
false
Aken Kaart | Wapen | Vlag | | Land | Duitsland | Deelstaat | Noordryn-Wesfale | Koördinate | | Stigting | 1ste eeu n.C. (Romeinse bad) | Stadstatus | 8 Januarie 1166 (Vrye Ryksstad) | Oppervlakte: | | - Totaal | 160,83 vk km | Hoogte bo seevlak | 125-410 m | Bevolking: | | - Totaal (31 Desember 2009) | 258 380[1] | - Bevolkingsdigtheid | 1 607/vk km | Tydsone | UTC +1 (MET) | Burgemeester | Marcel Philipp (CDU) | Amptelike webwerf | www.aachen.de | Aken (Duits Aachen, afgelei van Oud-Germaans Ahha „water“, Latyns Aquae Grani of Granni, later Aquisgranum, Frans Aix-la-Chapelle, Nederlands Aken, Luxemburgs Oochen, Öcher Platduits: Oche) is 'n selfregerende stad in die Duitse deelstaat Noordryn-Wesfale. Sedert 1890 is dit die mees westelike Duitse stad met meer as 100 000 inwoners. Aken het vandag 'n bevolking van naastenby 260 000. Die stad se geskiedenis dateer terug tot in die Jong-Steentydperk. Aken staan bekend vir sy ryk kulturele en boukundige erfenis en belangrike gebeurtenisse soos die toekenning van die Karlspreis.
<urn:uuid:b6ce33c4-9a2e-4158-b4f0-bf5cb2d487ce>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Aken
2019-07-16T03:01:47Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524475.48/warc/CC-MAIN-20190716015213-20190716041213-00487.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.993191
false
Boeing 767 Boeing 767 | | ---|---| Boeing 767-300 van Delta Air Lines styg op | | Tipe | Wyeromp-stralervliegtuig | Vervaardiger | Boeing Commercial Airplanes | Ontwerp deur | Boeing Commercial Airplanes | Nooiensvlug | 26 September 1981 | Vrygestel | 8 September 1982 met United Airlines | Status | In gebruik | Hoofgebruikers | Delta Air Lines American Airlines, United Airlines en All Nippon Airways | Vervaardig | 1981-huidig | Aantal gebou | 1089 tot in Julie 2016 | Eenheidskoste | 767-300ER: VS$185.8 miljoen (2013)[1] | Weergawes | Boeing KC-767 | Die Boeing 767 is 'n middelslag, lang reikafstand, tweemotorige wyerompstraalvliegtuig wat deur Boeing Commercial Airplanes gebou word. Dit was die vervaardiger se eerste wyeromp tweemotorige vliegtuig en sy eerste vliegtuig met 'n twee-bemanning gerekenaariseerde stuurkajuit. Ontwerp en uitleg[wysig | wysig bron] Die vliegtuig het twee turbowaaierenjins, 'n konvensionele stert, en vir verminderde lugsleur, 'n kritiese vlerkontwerp. Dit is ontwerp as 'n kleiner wyerompvliegtuig as vroeër vliegtuie soos die 747 en bied sitplek vir 181 tot 375 persone en 'n verskeidenheid van binne-ontwerpe in. Dit is ontwerp vir 'n reikafstand van 7 130 tot 11 825 km (3 850 tot 6 385 seemyl), afhangende van die variant. Die 767 is sy-aan-sy ontwikkel met 'n smalromptweemotorige model, die 757, die twee modelle se gedeelde ontwerpeienskappe maak dit moontlik dat vlieëniers 'n algemene-tipe gradering kan ontvang om beide vliegtuie te mag bedryf. Reekse[wysig | wysig bron] Die 767 word in drie romplengtes vervaardig. Die oorspronklike 767-200 word in 1982 in gebruik geneem, gevolg deur die 767-300 in 1986 en die 767-400ER, 'n uitgebreide reeksvariant, in 2000. Die uitgebreide reeks 767-200ER- en 767-300ER-modelle tree in diens in 1984 en 1988 onderskeidelik, terwyl die vragweergawe, die 767-300F, sy debuut in 1995 maak. Omskakelingsprogramme het passasiers-767-200 en 767-300-reeksvliegtuie verander om dit vir vrag te gebruik, terwyl die militêre tuie die E-767 toesigvliegtuie insluit, die KC-767 en KC-46 lugtenkers en VIP-vervoer. Enjins wat op die 767 gemonteer is sluit die General Electric CF6, Pratt & Whitney JT9D, Pratt & Whitney PW4000 en Rolls-Royce RB211 turbowaaiers in. Gebruik[wysig | wysig bron] United Airlines was in 1982 die eerste redery om die 767 in kommersiële diens te plaas. Die vliegtuig is aanvanklik op plaaslike en transkontinentale roetes gebruik, waartydens dit die betroubaarheid van sy tweemotorige uitleg bevestig het. In 1985 was die 767 die eerste tweemotorige vliegtuig om wetlike goedkeuring vir lang oorsese vlugte te ontvang. Die vliegtuig is toe gebruik om geenstopdienste op medium- tot langafstand interkontinentale roetes uit te brei. In 1986 het Boeing studies begin oor 'n hoërkapasiteit 767, wat uiteindelik gelei het tot die ontwikkeling van die 777, 'n groter wyeromptweemotorige passasierstraler. Teen die 1990's was die 767 die mees gebruikte vliegtuig vir transatlantiese vlugte tussen Noord-Amerika en Europa. Bestellingsboek[wysig | wysig bron] Die 767 was die eerste wyeromptweemotorige vliegtuig om 1 000 aflewerings te behaal. Tot en met Desember 2013 het Boeing 1 110 bestellings vir die 767 van 71 kliënte ontvang; waarvan reeds 1 089 afgelewer is. 'n Totaal van 838 van hierdie vliegtuie was in diens gewees teen Julie 2012, waarvan die gewildste variant die 767-300ER was met 582 afgelewer. Delta Air Lines is die grootste operateur met 94 vliegtuie. Mededingers van die 767 sluit in die Airbus A300, A310 en A330, terwyl Boeing se opvolger, die 787 Dreamliner, in Oktober 2011 in diens gestel is. Galery[wysig | wysig bron] Beweeg u muis oor die foto vir byskrif 'n American Airlines 767-200ER styg op by Los Angeles Internasionale Lughawe 'n Pienk (borskankerveldtog) Delta Air Lines 767-400ER Verwysings[wysig | wysig bron] - "Boeing Commercial Airplanes Jet Prices". Boeing. Besoek op 8 Augustus 2012. Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
<urn:uuid:995d4495-225d-40c2-b749-deefe56bf6df>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Boeing_767
2019-07-17T08:54:23Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525133.20/warc/CC-MAIN-20190717081450-20190717103450-00087.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999853
false
Seil Seil is 'n sport waar 'n seilskip, seilboot of seilplank deur die water gedryf word, of waar 'n seilkar of ysslee oor land gedryf word met behulp van windkrag. Die seiler moet deur die wind te lees die wind sodanig op die seile konsentreer dat hy die spoed en rigting van die vaartuig kan beheer. Eksterne skakels[wysig | wysig bron] Wikimedia Commons bevat media in verband met Seil. |
<urn:uuid:2886e007-00da-48fa-8634-1386e846b2d5>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Seiljag
2019-07-17T08:50:50Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525133.20/warc/CC-MAIN-20190717081450-20190717103450-00087.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
1.000006
false
1973 jaar 1973 | ◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ► | Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal | Sien ook: Kategorie:1973 | Kalenders | | J.R.R. Tolkien in 1916 | | Die jaar 1973 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 73ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. GebeureWysig - 1 Januarie – Denemarke en die Verenigde Koninkryk verlaat die Europese Vryhandelsvereniging en betree met Ierland die Europese gemeenskap. - 6 Januarie – Schoolhouse Rock word vrygestel. - 5 Maart – Albino Luciani (later Pous Johannes Paulus I) word kardinaal-priester van San Marco. - 6 April – Pioneer 11 word gelanseer. - 10 Julie – Die Bahamas verkry hul onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk. - 25 Oktober – Die Jom Kippoeroorlog eindig. - 3 November – Mariner program: Nasa lanseer Mariner 10 na Mercurius (op 29 Maart, 1974 word dit die eerste ruimtetuig om daardie planeet te bereik). - 17 Desember – Die Amerikaanse Psigiatrie-vereniging verwyder homoseksualiteit van sy lys van geestesversteurings. GeboortesWysig - 14 Januarie – Giancarlo Fisichella, Italiaanse professionele renjaer. - 20 Januarie – Benjamin Biolay, Franse sanger, komponis, liedteksskrywer en musiekvervaardiger. - 4 April – Ernst van Dyk, Suid-Afrikaanse handfietsrenjaer. - 14 April – Anthony Gatto, Amerikaanse jongleur (jugler). - 23 Julie – Monica Lewinsky, betrek by 'n onbehoorlike verhouding met die destydse VSA-president, Bill Clinton. - 18 September – Mark Shuttleworth, Suid-Afrikaanse entrepreneur en ruimtetoeris. - 13 Oktober – Greg Albertyn, 'n voormalige Suid-Afrikaanse en wêreldkampioen motorfietsveldrenjaer. - 31 Oktober – Beverly Lynne, Amerikaanse actrise. - 7 Desember – Ali Raymi, Jemeense bokser en vlieggewigwêreldkampioen († 2015). SterftesWysig - 22 Januarie – Lyndon B. Johnson, 36ste President van die Verenigde State (* 1908). - 17 Februarie – Leonore Veenemans, Suid-Afrikaanse sopraan (* 1935). - 7 Maart – PK Albertyn, Suid-Afrika se vyftiende Springbokkaptein (* 1897). - 25 Maart – Edward Steichen, Amerikaanse fotograaf (* 1879). - 8 April – Pablo Picasso, Spaanse skilder (* 1881). - 17 Mei – Maggie Laubser, Suid-Afrikaanse skilder (* 1886). - 6 Augustus – Fulgencio Batista, Kubaanse president en diktator (* 1901). - 2 September – J.R.R. Tolkien, Engelse skrywer (* 1892). - 11 September – Salvador Allende, Chileense president (* 1908).
<urn:uuid:411d7b7e-0a4f-404a-8bd7-fbb313275f81>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/1973
2019-07-19T18:55:07Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526337.45/warc/CC-MAIN-20190719182214-20190719204214-00407.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998981
false
Die term Jan Hendrik Hofmeyr kan verwys na: Hierdie is ’n dubbelsinnigheidsbladsy: ’n lys van artikels wat met dieselfde titel geassosieer word. Indien ’n interne skakel u hierheen verwys het, kan u gerus daardie skakel verander sodat dit direk na die gewenste artikel wys. |
<urn:uuid:334cf2cb-5f67-48b1-937b-d099cc05cdd1>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Jan_Hendrik_Hofmeyr
2019-07-19T18:26:02Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526337.45/warc/CC-MAIN-20190719182214-20190719204214-00407.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
1.000008
false
Lig - Amplitude - Frekwensie of golflengte - Polarisasie Lig bestaan uit klein "pakkies" bekend as fotone en besit eienskappe van golwe en deeltjies, wat bekend staan as die golf/deeltjie-dualiteit. Die studie van lig is optika, 'n belangrike vakgebied in moderne fisika. Lig is 'n vorm van elektromagnetiese straling en die golfgeaardheid daarvan bring mee dat dit aan breking, buiging en weerkaatsing onderworpe is. Die hedendaagse teorie oor lig het sy beslag gekry uit die kennis oor die reglynige voortplanting van lig (uit die Oudheid), die voorstelling van lig as golwe of deeltjies (17e eeu) en die ontdekking dat lig ander lig kan uitdoof (19e eeu). Die snelheid waarmee lig voortgeplant word, blyk 'n fundamentele grootheid te wees wat 'n belangrike rol speel in die formulering van die relatiwiteitsteorie. Inhoud TeorieWysig Reeds van oudsher af was dit bekend dat lig reglynig voortgeplant word, ken die mens die begrip "ligstraal" en is die gedrag van ligstrale by weerkaatsing en breking ondersoek. Die eerste wet wat die breking van lig by die oorgang van een medium na 'n ander korrek beskryf, is egter eers in die 17e eeu deur Snellius (1591-1626) geformuleer. In ʼn poging om die wet van Snellius te verklaar, het Isaac Newton (1643-1727) vir hom 'n ligstraal as ʼn bundel klein deeltjies voorgestel. Die deeltjies sou volgens Newton in 'n ruimte reglynig voortgeplant en teen 'n spieël weerkaats word, byna soos wanneer korreltjies teen ʼn harde wand bots. By breking sou die deeltjies volgens die wet van Snellius dan stadiger in lug (yl) as in water of glas (dig) voortbeweeg. In teenstelling met Newton, het Christiaan Huygens (1629-1695) lig as golwe beskou en in sy werk Traité de la lumière te kenne gegee dat lig soos geluidsgolwe in die lug of soos oppervlakgolwe in die water voortgeplant is. Om die voortplanting van liggolwe deur 'n lugleegte te verklaar, het hy veronderstel dat daar 'n uiters dun fluïdum (eter) bestaan. Die eter sou dan oral teenwoordig wees, in lugleegtes sowel as in stowwe, en die lig sou rimpels in die eter verteenwoordig. Die reglynige voortplanting, die weerkaatsing en die breking van lig het volgens Huygens met die van golwe in gasse en vloeistowwe ooreengekom. Om sy teorie oor breking te staat, moes hy aanvaar dat die lig, in teenstelling met Newton se opvatting, vinniger in lug (yl) as in water ot glas beweeg. Pierre de Fermat (1601-1665) het ook geprobeer om die gedrag van lig te verklaar en tot die gevolgtrekking gekom dat lig stadiger beweeg namate die media digter word. Eers omstreeks die middel van die vorige eeu het Armand Fizeau (1819-1896) daarin geslaag om die snelheid van lig in water en lug te bereken, en kon hy bevestig dat dit in stryd was met die opvatting van Newton. Teen die tyd is Huygens se golfteorie oor lig egter reeds sterk aangehang, en is daar begin met die verbetering en die uitbouing daarvan. Thomas Young (1773-1829) het byvoorbeeld die gedagte geopper dat wanneer die styging van een golf die daling in 'n ander golf sou tref, die golwe mekaar sou teenwerk en die resultaat in 'n egalige gebied in die eter nie meer as lig waargeneem sou word nie. Lig plus lig sou dan in der waarheid duisternis veroorsaak. Die verskynsel, bekend as interferensie, is deur Young met behulp van eksperimente geïllustreer. In die stadium is daar van die veronderstelling uitgegaan dat lig uit longitudinale golwe, dit wil sê uit afwisselende verdigtings en verdunnings van die eter, bestaan. Etienne Louis Malus (1775-1812) het egter in 1809 vasgestel dat wanneer 'n lig bundel deur 'n bepaalde optiese stelsel (polariseerder) gestuur word, dit besondere eienskappe vertoon, deur byvoorbeeld uit sekere rigtings deur die stelsel te gaan en nie uit ander rigtings nie. Thomas Young het op grond hiervan in 1817 tot die gevolgtrekking gekom dat die eienskappe van gepolariseerde lig slegs verklaar kon word deur aan te neem dat die liggolwe ot -trillings transversaal, dit wil sê dwars, op die voortplantingsrigting voortgeplant word. Oor die algemeen sou lig dan in enige rigting dwars op die voortplantingsrigting beweeg en die polariseerder, byna soos 'n sit, net die lig wat in 'n sekere rigting beweeg, deurlaat. Aangesien slegs longitudinale golwe deur 'n gas kan beweeg, het daar toe verwarring ontstaan oor hoe lig dan eintlik voortgeplant word. 'n Aanvaarbare verklaring vir die gedrag van Jig kon eers gegee word met die ontwikkeling van die teorie van elektromagnetisme. In 1862 het James Clerk Maxwell (1831-1879) sy teorie oor elektromagnetiese golwe geformuleer, waaruit dit duidelik geword het dat daar elektriese sowel as magnetiese velde met golwe geassosieer kan word. In 1865 het Maxwell die afleiding gemaak dat 'n kombinasie van elektriese en magnetiese velde as transversale trillingsverskynsels in die ruimte voortgeplant word, met ʼn snelheid wat met die van lig ooreenkom. So het hy tot die gevolgtrekking gekom dat lig ook 'n vorm van elektromagnetiese straling is. Die golflengte van liggolwe blyk tussen 400 en 800 nm te wees (I nm=10- 9 m). Dit was egter nog moeilik om te bepaal waaraan die energie van lig toegeskryf kon word, en daar is van die veronderstelling uitgegaan dat ligenergie eweredig was aan die sterkte van die elektriese en magnetiese velde. In 1905 het Albert Einstein (1879-1955), na aanleiding van eksperimente oor die fotoëlektriese uitwerking van lig, op. Die moontlikheid gewys dat afgesien van elektromagnetiese golwe, lig ook klein golfpakkies ofte wel fotone beval. Fotone blyk die kleinste moontlike ligeenhede te wees met energie eweredig aan die golflengte en snelheid van lig. Die gedrag van fotone herinneraan die deeltjieteorie van Newton, hoewel Newton deeltjies met voortplanting en nie met energie in verband gebring het nie. Fotone is dus alleen van betekenis by die oordrag van energie wanneer 'n ligpuls ʼn deeltjie tref, terwyl golwe op al die voortplantingsverskynsels betrekking het. Hierdie golfdeeltjie-aard van lig bring mee dat daar van die dubbelaard van lig gepraat word. Snelheid van ligWysig Aan die begin van die 17e eeu was daar meningsverskil oor wat die snelheid van lig sou wees. Rene Descartes (1596-1650) het byvoorbeeld gemeen dat lig oneindig vinnig beweeg, terwyl Galileo Galilei die teenoorgestelde geglo het. Olaus Rӧmer (1644-1710) het bevestig dat hoewel geweldig vinnig, lig nie oneindig vinnig beweeg nie, en 'n redelik goeie skatting van die snelheid van lig gemaak deur die verduistering van een van Jupiter se mane dop te hou. Die Jupiter-maan het 'n onreëlmatige verduisteringspatroon gehad, en volgens Rӧmer sou dit nie waarneembaar gewees het as lig oneindig vinnig beweeg het nie. Deur die afwykings (in tyd) van die Jupiter-maan met die afstand tussen die aarde en Jupiter in verband te bring, het hy die snelheid van lig op 'n derde van die werklike snelheid geskat. Hoewel James Bradley (1692-1762) saam met Rӧmer gestem en selfs 'n akkurater skatting van ligsnelheid gemaak het, was Armand Fizeau (1819-1896) die een wat ligsnetheid met 'n betroubare toestel gemeet het. Hy het van 'n snel draaiende tandrat en 'n spieël gebruik gemaak en Huygens se teorie bevestig dat lig stadiger deur water as lug sou beweeg. Die gemete snelheid van lig in water was 225 000 km/s teenoor die 300 000 km/s in lug. Ligvoortplanting in materieWysig Die elektriese en magnetiese eienskappe van atome oefen ʼn groot invloed uit op die voortplanting van lig deur 'n stof. ʼn Atoom kan as 'n dipool (dubbelpolige element) beskou word met die kern as die positiewe en die elektrone as die negatiewe gedeelte. Die rigting van die dipool (die verbindingslyn tussen die kern en elektrone) verander voortdurend (in 'n trilbeweging) as gevolg van die rotasie van die elektrone om die kern, en namate die dipool tril, word elektromagnetiese strale uitgesend. Atome kan dus vanself strale uitstuur, maar omdat atome ongelyk tril, word die straling uitgedoof. Val daar egter lig op die atome, begin dit in maat tril met die frekwensie van die lig se elektriese veld en daar vind straling vanuit die atome plaas. RelatiwiteitWysig Die snelheid van lig speel 'n belangrike rol in die relatiwiteitsteorie. Volgens die teorie is groothede soos tyd, afstand en ruimte relatief tot ander groothede en nie absoluut of konstant nie. Hoewel tyd byvoorbeeld voorheen as 'n fundamentele eenheid, waarmee alle ander groothede in verband gebring moes word, beskou is, kon die fisikus Albert Einstein bewys dat slegs die snelheid van lig, en nie tyd of enigiets anders nie, absoluut ofte wel konstant is. Uit hierdie basiese aanname, met ander woorde dat ligsnelheid konstant is, kon Einstein 'n hele aantal afleidings maak, waaronder byvoorbeeld dat geen deeltjie of liggaam vinniger as lig kan beweeg nie, en dat massa en energie ekwivalent is, dit wil sê dat massa in energie en omgekeer, energie in massa omgesit kan word. Kleure van wit ligWysig Nomaalweg word lig as wit beskou, maar daar is in werkliheid baie verskillende kleure lig, wat afhang van die oorsprong daarvan. Sir Isaac Newton, bekende Engelse wetenskaplike en filosoof, het wetenskaplik probeer vasstel waarom wit lig in verskillende kleure opgebreek kan word. Hy het 'n straal sonlig deur 'n luik voor 'n venster in 'n verdonkerde kamer laat val. Die ligstraal het daarna deur 'n glasprisma beweeg en op 'n skerm geval. Dit is opgebreek in 'n reënboogkleurige spektrum wat op die skerm waargeneem kon word. Newton het sewe hoofkleure onderskei. Hy het ontdek dat wit lig in werklikheid saamgestel is uit ander kleure en nie homogeen is soos destyds algemeen aanvaar is nie. Sien ookWysig BronWysig - Wêreldspektrum, 1982, 0908409419 band - KENNIS, 1980, vol 5, bl. 876-877, ISBN 0 7981 0827 4
<urn:uuid:cb95191e-78fe-4d40-a6c3-ce04c64f0891>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Lig
2019-07-19T19:15:27Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526337.45/warc/CC-MAIN-20190719182214-20190719204214-00407.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999962
false
Mosambiek Die Republiek Mosambiek is 'n land in Suider-Afrika, wat grens aan Suid-Afrika, eSwatini, Tanzanië, Malawi, Zambië en Zimbabwe. Die Comore-eilande is geleë langs die noordoostelike kus en Madagaskar oorkant die Mosambiekkanaal. Mosambiek is 'n lid van die Gemeenskap van Portugese Lande (CPLP), die Britse Statebond en die Afrika-Unie. Volkslied: Pátria Amada (Portugees vir: "Geliefde vaderland") | ||||| Hoofstad | Maputo Grootste stad | Maputo | |||| Amptelike tale | Portugees | |||| Regering | Unitêre presidensiële republiek Filipe Nyusi Carlos Agostinho do Rosário | |||| Onafhanklikheid • van • Huidige grondwet 25 Junie 1975 30 November 1990 | |||| Oppervlakte - Totaal - Water (%) | 801 590 km2 (35ste) 309 496 myl2 2,2 | |||| Bevolking - 2011-skatting - 2007-sensus - Digtheid | 23 929 708[1] (50ste) 21 397 000 28,7 / km2 (178ste) 74,3 / myl2 | |||| BBP (KKP) - Totaal - Per capita | 2012-skatting | |||| BBP (nominaal) - Totaal - Per capita | 2012-skatting | |||| MOI (2013) | 0,393[3] (178ste) – laag | |||| Gini (2008) | 45,7[4] – medium | |||| Geldeenheid | Metical (MZN ) Tydsone - Somertyd | SAT (UTC+2) nie toegepas nie (UTC+2) | |||| Internet-TLD | .mz | |||| Skakelkode | +258 | Soos ander voormalige Portugese kolonies in Afrika het ook Mosambiek sy ontstaan as geografiese en politieke entiteit aan Portugese pogings te danke om 'n seeroete rondom die vasteland van Afrika na die rykdomme van Asië te vind en te beskerm. Hiervoor het Vasco da Gama en sy opvolgers forte in Beira (Sofala), Quelimane en op Mosambiekeiland opgerig. Met die Nederlandse verowering van Portugees-Asië in die 17de eeu het die klem in Portugal se ekonomiese en strategiese belange verskuif na die slawehandel tussen Wes-Afrika en die Amerikas, terwyl nedersettings in Mosambiek in verval begin raak het. Die land het sodoende die verwoestings, wat deur die slawehandel in ander dele van Afrika gesaai is, grotendeels gespaar gebly. Ook was dit 'n toevlugsoord in tye van oorlog. So is Mosambiek nie op dieselfde skaal ontvolk soos byvoorbeeld Angola nie.[5] In die najaar van 2011 het die ontdekking van aardgasreserwes, wat blykbaar so groot is soos dié van Katar, tot 'n herwaardering van Mosambiek se ekonomiese potensiaal gelei. Die land sal moontlik binne 'n dekade die derde grootste uitvoerder van aardgas op die wêreldmark wees.[6] Inhoud GeskiedenisWysig Voorkoloniale periodeWysig Die eerste bewoners van die land was die San, die voorvaders van die Khoisan, 'n volk van jagters en versamelaars van kos. In die tydperk tussen die 1ste en 4de eeu begin groepe van Bantoe-stamme vanuit die weste en noorde na die Sambesiriviervallei en later ook geleidelik na die plato en kusgebiede verhuis. Die Bantoevolke was boere en het ook yster bewerk. Portugese koloniale periode tussen tussen 1498 en 1885Wysig Toe die Portugese seevaarder Vasco da Gama Mosambiek in 1498 op pad na Indië bereik het, was daar reeds 'n aantal Arabiese handelsposte langs die kus en op die eilande gevestig, wat eeue lank ook slawehandel bedryf het. Vanaf 1505 het die Portugese begin om die gebied geleidelik te koloniseer. Portugese handelsposte en forte het as basisse vir handelskepe gedien wat langs die nuwe seeroete op pad na die Verre Ooste geseil het. Later het handelaars en delwers op soek na negerslawe en goud ook die binneland van Mosambiek deurdring. Alhoewel die Portugese invloed geleidelik versterk is, was dit nogtans beperk en is dit meestal uitgeoefen deur individuele setlaars en beamptes, wat verregaande outonomie geniet het. Gevolglik was daar 'n gebrek aan beleggings uit die moederland, terwyl die Portugese owerhede hulle eerder op die winsgewende handel met Indië en die Verre Ooste en die kolonisering van Brasilië gekonsentreer het. So het die invloed van Portugal – en Portugees as omgangstaal – eeue lank beperk gebly tot die kusgebied langs die Indiese Oseaan (met 'n lengte van bykans 3 000 km) en die Sambesivallei. Portugese koloniale bewind vanaf 1885Wysig Die Koloniale Konferensie van Berlyn, wat in 1884 en 1885 in die Duitse Rykshoofstad gehou is, het die volkeregtelike erkenning van enige Europese koloniale moondheid se gebiedsaansprake in Afrika afhanklik gemaak van bepaalde voorwaardes. Die belangrikste daarvan was die effektiewe beheer van 'n gebied deur middel van gevestigde administratiewe strukture, polisie- en militêre magte. Portugal het vervolgens aktiewe stappe onderneem om die hele Mosambiek te beset – waarvoor in die suide van die land ook militêre geweld gebruik is – en sy administrasie tot die verste uithoeke van Mosambiek uit te brei. Hierdie proses is eers ná die Eerste Wêreldoorlog voltooi. Tot en met 1942 het die Portugese owerheid sekere regte, bevoegdhede en verantwoordelikhede oorgedra aan privaat ondernemings. Teen die vroeë 20ste eeu was die administrasie van groot dele van Mosambiek reeds in die hande van groot privaatmaatskappye, soos byvoorbeeld die Mosambiekse Kompanjie, die Zambezi-Kompanjie en die Nyassa-Kompanjie. Hulle is oorwegend deur Britte beheer en gefinansieer, wat ook die spoorweglyne na die buurlande gebou en die myne en plantasies van die nabygeleë Britse kolonies en Suid-Afrika van swaks betaalde Swart werkers – en dikwels ook Swart dwangarbeiders – voorsien het. Gedurende die eerste dekade van formele kolonialisme het die suidelike landsdele opmerklike ekonomiese groei getoon wat hoofsaaklik aan Lourenço Marques se ligging naby die goudvelde van die Witwatersrand in Suid-Afrika te danke was. Met die voltooiing van 'n spoorlyn, wat die hawestad met die Witwatersrand verbind het, is sowat 'n derde van dié streek se goud- en mineraaluitvoere deur Lourenço Marques se seehawe verskeep.[7] Aangesien die ekonomiese beleid daarop gemik was om Portugese immigrante en die moederland te bevoordeel, is min aandag geskenk aan die nasionale integrasie van Mosambiek, sy infrastruktuur en die opleiding van sy bevolking. Derhalwe het die getal Portugese in die land aanvanklik betreklik klein gebly. Mosambiek ná die Tweede WêreldoorlogWysig Terwyl die meeste Europese koloniale moondhede ná die Tweede Wêreldoorlog onafhanklikheid aan hulle kolonies in Afrika verleen het, het Portugal Mosambiek net soos sy ander besittings steeds as oorsese provinsies van die moederland beskou, en 'n groot aantal Portugese het hulle in die kolonies gevestig. Nogtans het dele van die nie-blanke bevolking van Mosambiek na onafhanklikheid gestreef, en in 1962 het 'n aantal politieke groeperings, wat teen die Portugese heerskappy gekant was, hulle verenig om saam die Bevrydingsfront van Mosambiek (FRELIMO) te stig. FRELIMO begin in September 1964 sy gewapende stryd teen die Portugese koloniale regering in wat bekend staan as die Mosambiekse Vryheidsoorlog. Desondanks was baie Mosambiekers nie ten gunste van 'n onafhanklike staat nie, en min mense het die gewapende stryd teen die Portugese, wat die land immers vierhonderd jaar lank oorheers het, goedgekeur. Alhoewel FRELIMO en ander guerillamagte deur die Volksrepubliek China en die Sowjetunie van wapens voorsien is, is hulle deur Portugese troepe in bedwang gehou. Mosambiek as onafhanklike staatWysig Ná tien jaar van sporadiese gevegte het FRELIMO slegs klein dele van die land oorheers. Ná die staatsgreep van 25 April 1974, waarin Sosialisties-gesinde troepe onder die leiding van 'n groep junior militêre offisiere die outoritêre Caetano-bewind in Lissabon beëindig het, is die besluit geneem om onafhanklikheid aan die kolonies te verleen. Mosambiek het op 25 Junie 1975 'n onafhanklike staat geword. Die eerste (nie-verkose) president was Samora Machel. In die volgende sestien jaar is Mosambiek deur 'n burgeroorlog tussen die FRELIMO, wat deur die Sowjetunie en ander Oosbloklande ondersteun is, en die pro-Westerse weerstandsbeweging RENAMO verwoes, wat meer as 900 000 menselewens geëis het. Groot dele van die land se infrastruktuur is as gevolg van oorlogshandelinge vernietig, terwyl die bevolking getraumatiseer is deur die meedoënlose manier, waarop die konflikpartye die oorlog gevoer het. Selfs kinders is as vegters ingespan. RENAMO is onder meer deur Rhodesië en Suid-Afrika ondersteun. Intussen het RENAMO 'n politieke party geword wat veral in die noorde baie aanhangers het. President Machel het in 1986 die slagoffer van 'n vliegtuigramp geword, en die FRELIMO-party is steeds meer deur sy Marxistiese vleuel oorheers, wat die nywerhede genasionaliseer en kollektiewe boerdery gestig het. Die emigrasie van opgeleide Blanke vaklui het die ekonomie erg getref. Tog het die land ná die einde van die oorlog in 1992 tydens die presidentskap van Joaquim Chissano tot een van Afrika se modelstate ontwikkel, wat met 'n gemiddelde groeikoers van sowat tien persent gespog het. Westerse lande het Mosambiek van sy skuldlas bevry en ontwikkelingshulp verleen. Sedert 1995 is Mosambiek naas Kameroen en Rwanda die enigste lid van die Britse Statebond wat vroeër geen Britse kolonie was nie. President Chissano het met die verkiesings van Desember 2004 afgetree. Sy opvolger, Armando Guebuza, 'n welgestelde sakeman, is een van die stigterslede van FRELIMO en word dikwels as onverbiddelik beskryf. In 1975 het hy as Minister van Binnelandse Sake die Portugese inwoners net 24 ure gegun om die land te verlaat. Vandag is hy 'n sakeman en miljoenêr. Guebuza het die presidentsverkiesing van 2004 gewen in nege van die elf provinsies, terwyl sy vernaamste teenstander, Afonso Dhlakama, leier van die voormalige rebellegroep Renamo, 'n oorwinning in die ander twee provinsies behaal het. Die uitslag van die verkiesing is meer as twee weke uitgestel na bewerings van knoeiery deur opposisiepartye. Die huidige staatspresident, Filipe Jacinto Nyusi (FRELIMO) het die presidensiële verkiesing van 15 Oktober 2014 gewen. Hy is op 15 Januarie 2015 ingesweer. DemografieWysig BevolkingsontwikkelingWysig Volgens die laaste sensus voor onafhanklikwording, wat laat in 1970 gehou is, het Mosambiek 'n bevolking van 8,233 miljoen gehad, onder wie 187 400 merendeels Portugese blankes, 39 300 mestiços (kleurlinge), 18 400 Indiërs (veral Goanese) en 2 700 Chinese (meestal immigrante uit Macau). 'n Betreklik hoë groeikoers (wat nog in Augustus 2017 op 3,5 persent beraam is) het die bevolking sedertdien vinnig laat styg tot 28,9 miljoen vroeg in 2018. Dit maak van Mosambiek die tweede mees bevolkte land in Suider-Afrika, na Suid-Afrika en voor Angola. Die blanke bevolking het Mosambiek na die land se onafhanklikwording in 1975 grotendeels haastig verlaat, en slegs sowat 20 000 inwoners van Portugese afkoms het in Mosambiek aangebly. Intussen word die getal Portugese in die land weer op sowat 160 000 beraam. Naas tegnici en ander deskundiges, wat by die land se heropbou betrokke is, is daar ook nuusberigte oor ekonomiese vlugtelinge uit Portugal wat weens die resessie in hul geboorteland geen heenkome kan vind nie en as onwettige buitelanders Mosambiek binnegekom het.[9] TaleWysig Portugees het bevoorregte status as amps- en verkeerstaal en as die medium van onderrig en die mediabedryf. Die ampstaalstatus van Portugees word verskans in artikel 10 van die Mosambiekse grondwet van 2004. Volgens die sensus van 2007 is sowat die helfte van die bevolking Portugees as tweede taal magtig. Sowat twaalf persent van Mosambiekers praat Portugees as moedertaal, in Maputo word dit selfs deur 'n kwart van die bevolking as huistaal gebesig. Daarnaas word 'n veertigtal Afrikatale gebesig, waaronder Makua, Changana, Sena, Chilomwe en Swahili. Gedurende die koloniale tydperk was Portugees die enigste amps- en onderwystaal wat ook as medium in sendingskole gebruik is. Nog tot in 1961 het die Portugese koloniale owerheid 'n onderskeiding gemaak tussen sogenaamde civilizados (inheemses wat Portugees magtig was) en não-civilizados (Mosambiekers wat geen kennis van Portugees gehad het). Slegs een persent van die swart bevolking is as civilizados geklassifiseer en was Portugees sowel in sy gesproke asook sy geskrewe vorm magtig. 'n Groter persentasie swartes, wat in aanraking gekom het met Portugeessprekendes, kon Portugees vlot praat. Bykans alle blanke kinders het formele skoolonderwys ontvang – in teenstelling met hul swart landgenote van wie 97 persent ongeletterd was. Die koloniale oorlog het die status van Portugees nie geraak nie. Met uitsondering van enkele swart stryders, wat in buurlande in 'n Engelssprekende omgewing verkeer het, het FRELIMO van begin af Portugees as 'n medium van nasionale eenheid (lingua da unidade nacional) beskou waardeur alle stamverskille oorbrug sou word. Die FRELIMO-regering se taal- en onderwysbeleid ná onafhanklikwording was daarop gemik om geletterdheid te verhoog. Portugees het die onbestrede ampstaal in alle staatsinstellings en die onderwyssektor gebly. Daar was nouliks pogings om inheemse tale as onderrigmedium te gebruik.[10] GodsdiensteWysig 45 persent van Mosambiekers is aanhangers van natuurgodsdienste, 37 persent is Christene en 18 persent Soennitiese Moslems (veral in noordelike streke en in die kusgebiede wat histories aan Arabiese invloede blootgestel was). Administratiewe verdelingWysig Mosambiek word in administratiewe opsig in tien provinsies en die hoofstad Maputo (Cidade), wat provinsiale status geniet, verdeel. Die provinsies word verder verdeel in 154 distrikte (distritos), 419 administratiewe poste (postos administrativos) en 1 052 nedersettings (localidades). EkonomieWysig Ekonomiese sektoreWysig Met 'n jaarlikse per capita-inkomste van VSA-$515 ($1 300 volgens koopkragpariteit) word Mosambiek steeds onder die armste lande op aarde gereken. Op die Menslike Ontwikkelingsindeks word die land as die 181ste van altesaam 188 state geranglys.[11] Die landbousektor is, wat werkskepping betref, steeds die belangrikste ekonomiese bedryf in Mosambiek waarin sowat tagtig persent van die ekonomies aktiewe bevolking werksaam is. Die oorrote meerderheid Mosambiekse huishoudings beoefen bestaansboerdery en het nie toegang tot markte nie. Die lys van kontantoeste bly beperk tot produkte soos tabak, suiker, tee, katoen en kasjoeneute. Ondanks gunstige landboukundige toestande is Mosambiek tans 'n netto invoerder van landbouprodukte soos graan en rys. Invoere voorsien in meer as 90 persent van die land se behoeftes. Die Mosambiekse suikerbedryf trek voordeel uit 'n voorkeurooreenkoms met die Europese Unie (EU) wat vir suikerprodusente vrye toegang tot die EU-mark teen vaste pryse sonder doeanes en kwotas verseker. Vissery speel 'n belangrike rol. Die land beplan tans om sy kus- en seegebied teen onwettige visvangs en seerowery te beskerm. Die landbousektor het in 2017 24,3 persent tot die bruto binnelandse produk bygedra, die nywerheidsektor 23 persent en die tersiêre of dienstesektor 52,8 persent. Die informele sektor voorsien 'n bron van inkomste aan baie Mosambiekers wat nie werk in die formele sektor kan vind nie. Die industriële sektor se bydrae is beperk tot enkele grootskaalse projekte in die suide van Mosambiek.[12] Die fokussering op 'n klein aantal prestige-projekte is een van die opvallendste swakpunte van die Mosambiekse ekonomie, naas die tekort aan effektiewe diversifisering. Masjiene en uitrusting word grotendeels ingevoer, terwyl plaaslike ondernemings nouliks betrokke is by prestige-projekte. Tot dusver trek net enkele bedrywe soos die bousektor enige voordeel daaruit, die plaaslike vervaardigingsbedryf kan nie meeding of deelneem in die waardeketting van sulke projekte nie.[13] Nogtans het grootskaalse projekte in die primêre sektor en omvangryke regstreekse buitelandse beleggings, wat daaruit voortgespruit het, in die eerste twee dekades van die 21ste eeu bygedra tot konstant hoë groeisyfers, met 'n gemiddeld van 7,3 persent tussen 2005 en 2015. Noemenswaardige projekte sluit die Mozal-aluminiumsmeltery in Matola naby Maputo en die Moatize-steenkoolmyn in wat deur die Brasiliaanse mynboureus Vale – naas die Rio Tinto-groep en BHP Billiton een van die drie grootste rolspelers in die internasionale mynboubedryf – bedryf word. Vale het meer as agt miljard VSA-$ belê om die myn te ontwikkel. Daarnaas het ook 'n spoorlyn ontstaan om steenkool oor 'n afstand van 912 km tot die diepseehawe Porto de Nacala in die noorde van Mosambiek te vervoer. Nacala is die diepste natuurlike seehawe langs die ooskus van Afrika. Die aardgasreserwes, wat deur twee ondernemings – Anadarko en Eni – in die Rovumabekken langs die Mosambiekse kus ontdek is, word op 190 triljoen kubieke voet (5,7 biljoen kubieke meter) beraam en het die potensiaal om ekonomiese groei merkbaar aan te dryf deur die vestiging van nuwe bedrywe soos raffinaderye, gaskragsentrales, die bou van pyplyne en die oprigting van kunsmisaanlegte.[14] StreeksongelykhedeWysig Streeksongelykhede in ekonomiese ontwikkeling en infrastruktuur bly 'n ernstige vraagstuk. Daar is steeds groot ekonomiese verskille tussen stedelike en landelike omgewings, die relatief goed ontwikkelde suide van die land en streke in Noord- en Sentraal-Mosambiek. Tans is die provinsie Maputo die ekonomiese spilpunt van die land. Die beplande ontginning van steenkool- en aardgasreserwes in respektiewelik die noordweste (Tete) en noorde (Cabo Delgado) sal moontlik tot 'n meer gelykmatige ekonomiese ontwikkeling bydra. Sien ookWysig VerwysingsWysig - ( (2013) ) World DataBank World Development Indicators Mozambique Wêreldbank, besoek op 5 Desember 2014. - ( ) "Mosambiek". Internasionale Monetêre Fonds. Besoek op 5 Desember 2014. - ( ) "2014 Human Development Report Summary" (PDF). United Nations Development Programme. 2014. pp. 21–25. Besoek op 5 Desember 2014. - ( ) "Gini Index". Wêreldbank. Besoek op 5 Desember 2014. - Dr Bernard Stonehouse (red.): Philips' Illustrated Atlas of the World. London: Guild Publishing 1985, bl. 167 - Duitse Departement van Buitelandse Sake: Mosambiek – Ekonomie. Besoek op 3 Julie 2018 - Philip Briggs (hersien deur Sean Connolly): Mozambique – the Bradt Travel Guide. 6de uitgawe. Chalfont St Peter: Bradt Travel Guides 2014, bl. 13 - www.bpb.de, 24 Oktober 2016: "Sie kamen quasi mit leeren Händen zurück". Besoek op 10 Julie 2018 - www.welt.de, 29 September 2012: Die Rückkehr der portugiesischen Kolonialherren. Besoek op 4 Julie 2018 - colonialvoyage.com: Portugiesisch in Mosambik: Sprachgeschichte, Sprachsituation und Sprachpolitik – ein Überblick. Besoek op 4 Julie 2018 - LIPortal Länder-Informations-Portal: Mosambik. Besoek op 13 Julie 2018 - LIPortal – Das Länder-Informations-Portal: Mosambik – Wirtschaftslage. Besoek op 4 Julie 2018 - GTAI Germany Tade and Invest, 2 Maart 2017: SWOT-Analyse Mosambik. Besoek op 10 Julie 2018 - GTAI, 2 Maart 2017
<urn:uuid:c418807a-6a8a-4da9-9f59-d2d66f0d3a35>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Mosambiek
2019-07-19T18:40:59Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526337.45/warc/CC-MAIN-20190719182214-20190719204214-00407.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999882
false
Amanda Coetzer Amanda Coetzer in aksie. | || Land | Suid-Afrika | | ---|---|---| Woonplek | Hoopstad, Suid-Afrika | | Geboortedatum | 22 Oktober 1971 | | Geboorteplek | Hoopstad, Suid-Afrika | | Lengte | 1,58 m[1] | | Gewig | 54 kg | | Begin professioneel | 1988[1] | | Afgetree | 2004 | | Spelstyl | Regshandig (tweehandig handrughou) | | Loopbaan-wengeld | $5 594 821[1] | | Enkelspel | || Loopbaanrekord | 568–337 (66,27%)[1] | | Loopbaantitels | 9 WTA,[1] 4 ITF | | Hoogste rang | No. 3 (3 November 1997)[1] | | Grand Slam-uitslae | || Australiese Ope | HE (1996, 1997) | | Franse Ope | HE (1997) | | Wimbledon | 4R (1994) | | VSA-Ope | KE (1994, 1996, 1998) | | WTA-kampioenskap | KE (1993, 2000) | | Olimpiese Spele | 2R (1996) | | Dubbelspel | || Loopbaan-rekord | 269–219[1] | | Loopbaantitels | 9 WTA[1] | | Hoogste rang | No. 15 (27 September 1993)[1] | | Australiese Ope | KE (2002) | | Franse Ope | HE (1993, 1994) | | Wimbledon | 3R (1998, 2001) | | VSA-Ope | E (1993) | | Australiese Ope | KE (1994) | | Franse Ope | 1R (2017) | | Wimbledon | KE (2000) | | VSA-Ope | 2R (1992, 1993) | | Laaste opgedateer op: 18 Julie 2017. | Amanda Coetzer (1971-) is ’n voormalige Suid-Afrikaanse tennisspeler. In 1996 word sy die eerste (en tot dusver die enigste) Suid-Afrikaanse vrou in die professionele era van tennis wat 'n enkelspelfinaal van ’n Grand Slam-toernooi haal (die Australiese Ope en Franse Ope, waarin sy telkens in die eindstryd verloor). Vir die grootste deel van haar loopbaan verskyn haar naam op die wêreldranglys van die 20 beste vroue-enkelspelspelers. Male sonder tal het sy spelers hoër gekeur as syself geklop en daarom, asook vanweë haar klein postuur, die bynaam "The Little Assassin" gekry. In 1999 is sy die enigste speler wat Steffi Graf, Martina Hinges en Lindsay Davenport klop terwyl hulle elk in daardie stadium die topspeler in die wêreld was. In 2000 het sy en Wayne Ferreira die Hopmanbeker gewen.[2] Coetzer is op 22 Oktober 1971 in Hoopstad gebore. Sy begin haar tennisloopbaan in 1988 en hang haar skoene in Junie 2004 op. Sy het haar hoogste ranglysposisie in die enkelspel, die derde plek, op 3 November 1997 bereik. Sy is met die filmprodusent Arnon Milchan getroud. Posisies op die WTA-ranglys[wysig | wysig bron] Posisie aan die einde van die seisoen: Jaar | rank Enkelspel | rank Dubbelspel | ---|---|---| 2004 | 280 | – | 2003 | 25 | 138 | 2002 | 21 | 71 | 2001 | 19 | 17 | 2000 | 11 | 27 | 1999 | 11 | 29 | 1998 | 17 | 35 | 1997 | 4 | 31 | 1996 | 14 | 36 | 1995 | 19 | 30 | 1994 | 18 | 25 | 1993 | 15 | 20 | 1992 | 17 | 27 | 1991 | 67 | 156 | 1990 | 76 | – | 1989 | 63 | 297 | 1988 | 157 | 205 |
<urn:uuid:01b9bea5-a8c5-455b-850c-7035380919b2>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Amanda_Coetzer
2019-07-19T19:00:17Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526337.45/warc/CC-MAIN-20190719182214-20190719204214-00407.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.990811
false
Dit is nie 'n kouspop nie, maar dien ten doel om 'n bot toe te laat om geoutomatiseerde take te verrig wat gewoonlik herhalend van aard is. Administrateurs: as hierdie bot probleme veroorsaak, blok hom asseblief onmiddellik block it.
<urn:uuid:15aa49d9-b3d4-498e-98c1-2584a0709d1b>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Gebruiker:CalakBot
2019-07-19T19:16:57Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526337.45/warc/CC-MAIN-20190719182214-20190719204214-00407.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999935
false
NG gemeente Langlaagte Die NG gemeente Langlaagte (oorspronklik onder die naam Witwatersrand-Wes) was die 28ste gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk wat in die destydse Transvaal gestig is en die tweede in Johannesburg naas die moedergemeente (1887). Die gemeente het veral bekend geraak as die geestelike tuiste van die Langlaagte-weeshuis, later genoem die Abraham Kriel-kinderhuis na ds. Abraham Kriel, wat dié inrigting begin het toe hy leraar van Langlaagte was. Die NG gemeente Langlaagte was sowat 104 jaar oud toe dit in 1996/'7 by die NG gemeente Vergesig (gehuisves in Brixton se kerkgebou) ingelyf is. Fordsburg, waarvan die naam uiteindelik Goudstad geword het, is reeds in 1988 by Langlaagte ingelyf. Dié gemeente het 'n kort rukkie as Goudlaagte bekendgestaan, maar tot en met inlywing by Vergesig was dit weer Langlaagte. Inhoud Die ontdekking van goud[wysig | wysig bron] Die eerste toestroming van mense na die mynkamp Johannesburg, wat Kaapstad binne 10 jaar ná sy ontstaan in 1886 as die grootste stad in die latere Suid-Afrika sou verbysteek, het gevolg op die ontdekking van 'n dagsoom met gouddraende erts op die plaas Langlaagte, waarop die dorpie met dieselfde naam ontwikkel het en wat later die voorstad Langlaagte sou word. Kort nadat die hoofrif ontdek is, is vasgestel dat dit deur Langlaagte byna 50 km na die ooste en weste strek. Vroeër was die algemene opvatting dat dit die Australiese rondreisende prospekteerder George Harrison was wat op 'n Sondag in Maart 1886 op 'n rotsagtige uitsteeksel van die hoofrif afgekom het op die plaas Langlaagte van die weduwee van Gerhardus Cornelis Oosthuizen. Volgens oorlewering het Harrison sy ontdekkerskleim vir ongeveer R20 verkoop.[1] 'n Staatsondersoekkomitee het egter in 1941, ná die aanhoor van breedvoerige getuienis, besluit dat dié eer P.J. Marais toekom. Nog twee aanspraakmakers op die ontdekking van die hoofrif op Langlaagte is Hermanus Johannes van Staden, skoonseun van Oosthuizen, en ene Peter Bernardus de Ville.[2] Reeds 34 jaar vantevore, in 1852, het J.H. Davis die eerste goud aan die Witwatersrand op 'n plaas naby Krugersdorp ontdek, maar die regering van die ZAR het hom gedwing om stil te bly daaroor. Eers in 1886 was dit duidelik dat hierdie vonds die hoofgoudrif van die Witwatersrand was. Drie gedeeltes van die plaas Langlaagte was in Oosthuizen se besit. Die gedeeltes is uitgekoop deur president Paul Kruger vir dorpstigting en die toekenning van mineraleregte aan prospekteerders of myners.[3] Die dorp Johannesburg het egter ontwikkel op die plaas Randjeslaagte, van waar dit in alle rigtings uitgestrek het.[4] Die dorp is genoem na Johann Rissik, waarnemende landmeter-generaal, en Johannes Pieter Meyer, veldkornet van die wyk. Aanloop tot Langlaagte se stigting[wysig | wysig bron] Voor die Johannesburgse moedergemeente in 1887 gestig is, skaars 18 maande nadat goud ontdek is op Langlaagte, was die landelike gebied deel van die NG gemeente Heidelberg. Landbouers uit die Kaap, wat daarvaan af weggetrek het om onder die Britse bewind uit te kom, het al in die dekade na 1840 op die Hoëveld begin aankom. Maar dit was die kerkraad van die NG gemeente Dutoitspan wat onder leiding van ds. Abraham Kriel die eerste stap gedoen het tot gereelde bearbeiding van die goudveld deur hulle hulpprediker, prop. J.N. Martins, af te staan om die evangelie aan die lidmate op die Rand te verkondig. Die goudstormloop het mense uit alle wêrelddele na die Rand gebring. Sover vasgestel kon word, het ds. S.J. du Toit, destydse superintendent-generaal van onderwys in die Zuid-Afrikaansche Republiek, die eerste NG diens in Johannesburg gehou. Dit was 'n opelugdiens op 'n Sondag teen die middel van 1886 in die skaduwee van 'n wilgerboom naby die terrein waarop Langlaagte se latere kerkgebou en die Abraham Kriel-kinderhuis gebou is. Sy teks het uit Genesis 2:12 gekom: "En die goud van die land is goed." Onder die intrekkers op die Rand was ook lidmate van die NG Kerk, wat hulle veral in groot getalle aan die westekant van die teenswoordige middestad gevestig het in wat destyds as die "Dip" bekend gestaan het. Dit was die minder gegoede buurte van Langlaagte, Fordsburg en Vrededorp, wat lank die enigste deel van die ontluikende stad was waar Afrikaners plek-plek in die meerderheid was. Die meer gegoede noordelike (Parktown, Houghton ens.) en noordoostelike voorstede (Observatory, Orange Grove ens.) was nog altyd amper uitsluitlik Engels, terwyl Afrikaners, namate hulle ekonomiese posisie verbeter het, hulle later jare ook in groot getalle in die noordwestelike dele (Melville, Westdene, Aucklandpark, Northcliff, Linden, Randburg en omstreke) gaan vestig het. In 'n mindere mate as in die "Dip" het Afrikaners ook gaan woon in die omgewing van Jeppestown, onmiddellik oos van die middestad. In 'n stadium was daar byvoorbeeld binne 'n smal strook wat 8 km wes van die middestad gestrek het, 14 NG gemeentes, maar oor dieselfde afstand na die ooste net vyf. Stigting van Langlaagte-gemeente[wysig | wysig bron] Met die toestroming van Afrikaners na die westekant van die goudveld, het daardie deel van die Johannesburgse gemeente te groot geraak en is die wyke Witwatersrand-Wes op Saterdag 15 Oktober 1892 van die moedergemeente afgestig. Dit het oorspronklik uit vier dorpies bestaan, waarin later jare tallose dogtergemeentes afgestig is, naamlik Langlaagte, Maraisburg, Fordsburg en Florida. Die stigtingsvergadering moes besluit waar die middelpunt van die nuwe gemeente sou wees. Lidmate het op Langlaagte besluit en ook dat die pastorie daar sou staan,[5] hoewel 'n ander bron[6] dit wil hê dat die eerste kerkgebou in Fordsburg gebou en, twee maande nadat dit voltooi is, vernietig is toe treinwaens vol dinamiet onderweg na Braamfontein ontplof het. (Fordsburg het in 1896 'n selfstandige gemeente geword.) Ds. Abraham Kriel, leraar van Dutoitspan het die beroep na die gemeente aanvaar en is op 2 Junie 1893 as eerste leraar bevestig. Die uitgestrekte gemeente het 'n gebied beslaan van die Vaalrivier in die suide tot teenaan die Jukskeirivier in die noorde en Roodepoort in die weste. Ds. Kriel moes met sy karretjie en een perd baie aktief bly om die hele gemeente te bearbei. Die gees in die gemeente was nog dié van 'n mynkamp. So skryf die skriba van die kerkraad op 'n keer aan die kommandant van polisie en bedank hom vir die bewaring van stilte en orde tydens die eredienste op Sondae. Geboue[wysig | wysig bron] Die eerste kerkgebou was van hout en sink, maar dit het nie verhinder dat daar op Sondae onder die geklank van die orrel, wat mev. Kriel bespeel het, lofgesange weerklink het nie. Op 'n gemeentevergadering gehou op 2 April 1898 besluit lidmate om 'n kerk van 600 sitplekke te bou en die hoeksteen is in Maart 1899 gelê. Die Anglo-Boereoorlog het egter groot vertraging veroorsaak en die kerkgebou kon eers na die oorlog voltooi word. Ds. Kriel het hom uit die staanspoor by die Boerekommando's aangesluit en kon sy werk eers drie jaar later, na die oorlog verby was, hervat. So is die kerkgebou, op die hoek van Kerkplein en Maraisstraat, regoor Abraham Kriel-kindersorg se Langlaagte-kampus, eers op 12 Desember 1902 ingewy. Langlaagte-weeshuis[wysig | wysig bron] Die nagenoeg 12 000 oorlogswesies het ds. Kriel so diep geraak dat hy eers 'n klompie oorlogswesies in die pastorie opgeneem het en daarna die Langlaagte-weeshuis op 4 September 1902 met sewe kinders geopen het. Voor die einde van daardie eerste jaar was daar 92 en teen September 1903 reeds 245. Hy het egter sedert sy bevestiging in Langlaagte gehelp met die versorging van wees- en hawelose kinders. Mej. Maria Kloppers, 'n Bolandse maatskaplike werkster van die Vrouesendingbond, het hom van 1896 af bygestaan en was uit die staanspoor betrokke by die weeshuis. Benewens op Langlaagte, het ds. J.M. Louw van Boksburg en ds. A.P. Burger van Middelburg, Transvaal onderskeidelik in Oktober en November 1902 ook weeshuise gestig. Die weeshuis op Boksburg is in 1904 en dié op Middelburg in 1908 by Langlaagte ingelyf. Onder ds. Kriel en mej. Kloppers se leiding het die weeshuis meer en meer erwe en in 1913 selfs twee plase aangekoop. Die kinderhuis het geen vaste inkomste gehad nie, maar kon deurentyd kop bo water hou en die nodige middele kry, soos ds. Kriel dit gestel het, "in antwoord op gebede".[7] Aan dr. William Nicol, van 1913 tot 1938 leraar van Johannesburg-Oos, het ds. Kriel op 'n keer gesê: "Ek dank die Here dat ek gehoorsaam was, maar vol geloof was ek ongetwyfeld nie. Telkens as ek vir myself sê dat ek moet glo, word ek bang. Maar as ek sommer in gehoorsaamheid die oë toemaak en my opdragte aanpak, sorg die Here dat alles regkom." Met sy dood in 1928 was daar meer as 600 kinders in die tehuis, wat toe na die stigter genoem is. Die hoofkampus is vandag oorkant die kerkgebou geleë, maar ná die samesmelting van die gemeente met NG gemeente Vergesig huisves die geskiedkunidge Langlaagte-kerkgebou die Glory Divine World Ministries.[8] Ds. Abraham Kriel en sy vrou is albei in die kerkterrein begrawe en 'n gedenksteen met traliewerk daarom is vir hulle opgerig. Ligging[wysig | wysig bron] Dogtergemeentes[wysig | wysig bron] Die volgende gemeentes het regstreeks van die moedergemeente Langlaagte afgestig: Enkele leraars[wysig | wysig bron] - Abraham Kriel, 1904 tot Mei 1917 (emeriteer om voltyds direkteur van kinderhuis te word) - Johannes Albertus Roux Volsteedt, 1905 tot 1906 - Dirk Pieter Momberg Olivier, 1918 tot 1921 - Jan Hendrik Malan Stofberg, 1920 tot 1926 - Johannes Daniël van Niekerk, 25 Junie 1927 tot 1946 (sy eerste gemeente) - Jan Hendrik Petrus van Rooyen, 1946 tot 1959 (emeriteer) - Gabriel Antonie van der Westhuizen, 1960 tot 1965 - Pieter Johannes Bloem, 15 Junie 1965 tot 9 November 1969 - Christiaan Coenraad Myburgh, 1970 tot 1974 - Jacobus Jooste Crous, 17 Januarie 1976 tot 1985 - André Gideon Scheepers, 1982 tot 1984 - Zacharias Petrus le Roux, 1984 tot 1985 - Deon Louw, 2 Februarie 1986 tot 1996 (?) Fotogalery[wysig | wysig bron] Ds. Abraham Kriel se grafsteen op die kerkterrein. Verwysings[wysig | wysig bron] - Die geskiedenis van goud, Myfundi - Die Bronberger - Inskrywing op Facebook deur nasaat van die Oosthuizens - Industrialisasie in Suid-Afrika - Olivier, ds. P.L. (samesteller), Ons gemeentelike feesalbum. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers, 1952 - "Rapport". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Junie 2012. - Artikel op LitNet deur Jaap Steyn - ( ) Die kerk se webtuiste. URL besoek op 14 Mei 2016. - "Muslims buy Joburg city Dutch Reformed Churches". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 April 2013. - Kerkplein en Maraisstraat, Paarlshoop, Google Maps Bronne[wysig | wysig bron] - ( ) Artikel op LitNet deur Jaap Steyn - ( ) Rapport berig oor 7de Laan-troue in geskiedkundige kerkgebou. Eksterne skakels[wysig | wysig bron] - ( ) Laerskole beset in Beeld - ( ) Lewenskets van Abraham Kriel - ( ) Die geskiedenis van die kinderhuis - ( ) Demografiese verandering in Langlaagte laat kinderhuis moontlik verskuif - ( ) Kinderhuis honderd jaar oud - ( ) Rapport berig oor verkoop van gebou aan Moslems - ( ) The Star berig oor die verkoop van die kerkgebou - ( ) Foto van die kerkgebou - ( ) Kerk omskep in madrassa, Rapport, 15 April 2012.
<urn:uuid:46a9f92d-ac76-4a52-8b58-5a4e94f856af>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/NG_gemeente_Langlaagte
2019-07-19T19:37:29Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526337.45/warc/CC-MAIN-20190719182214-20190719204214-00407.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999971
false
Hulp Bladsye wat na "Paddy Considine" skakel ← Paddy Considine Jump to navigation Jump to search Skakels hierheen Bladsy: Naamruimte: alle (Hoof) Bespreking Gebruiker Gebruikerbespreking Wikipedia Wikipediabespreking Lêer Lêerbespreking MediaWiki MediaWikibespreking Sjabloon Sjabloonbespreking Hulp Hulpbespreking Kategorie Kategoriebespreking Portaal Portaalbespreking Module Module talk Gadget Gadget talk Gadget definition Gadget definition talk Omgekeerde seleksie Filters Versteek insluitings | Versteek skakels | Versteek aansture Die volgende bladsye skakel na Paddy Considine : Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). Bespreking:Paddy Considine ( ← skakels wysig ) Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Paddy_Considine " Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Gereedskap Spesiale bladsye Drukbare weergawe Ander tale Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:13e3ef3a-fa49-4f47-ae65-e8e9a1686746>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Paddy_Considine
2019-07-17T09:16:41Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525133.20/warc/CC-MAIN-20190717081450-20190717103450-00111.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.993914
false
Vaalboom Vaalboom | |||||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Wetenskaplike klassifikasie | |||||||||||||| Binomiale naam | |||||||||||||| Terminalia sericea Burch. ex DC. | Die Vaalboom (Terminalia sericea) is 'n klein tot middelgroot boom wat voorkom in die Noordwes, Noord-Kaap, Limpopo, noord KwaZulu-Natal, noordoos Namibië, Botswana en Zimbabwe. Die blare is liggroen en met silwerige hare bedek wat dit opmerklik maak. Die vrugte is pienk en oorvloedig. Sien ook[wysig | wysig bron] Bron[wysig | wysig bron] - Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
<urn:uuid:0323907c-17a9-4841-92fa-1b116632253c>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Terminalia_sericea
2019-07-17T08:52:28Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525133.20/warc/CC-MAIN-20190717081450-20190717103450-00111.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.963265
false
Hierdie titel is gekies na aanleiding van ’n e-posgesprek met dr Maria Smit, die redakteur van Pharos se Musiekwoordeboek. Ek kon nêrens ’n vertaling daarvoor kry nie, en na dr Smit se mening is dit ook ’n Amerikaanse vorming.-EvZ (kontak) 09:34, 23 Augustus 2016 (UTC)
<urn:uuid:af30dc7d-f8ca-4971-8549-c2fae24dfeb2>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Tydperk_van_Westerse_klassieke_harmonie
2019-07-19T19:21:41Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526337.45/warc/CC-MAIN-20190719182214-20190719204214-00431.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999941
false
Die vertaling van die res van hierdie artikel is steeds onvoltooid. Voel vry om self die res aan te pak, en verwyder dan hierdie kennisgewing wanneer die werk voltooi is. Volgende periode
<urn:uuid:06e7cc92-5097-4db5-bdc2-d2e91e60de24>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Sjabloon:Volgende_periode
2019-07-19T19:01:32Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526337.45/warc/CC-MAIN-20190719182214-20190719204214-00431.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999965
false
Hulp Bladsye wat na "Rasionalisme" skakel ← Rasionalisme Jump to navigation Jump to search Skakels hierheen Bladsy: Naamruimte: alle (Hoof) Bespreking Gebruiker Gebruikerbespreking Wikipedia Wikipediabespreking Lêer Lêerbespreking MediaWiki MediaWikibespreking Sjabloon Sjabloonbespreking Hulp Hulpbespreking Kategorie Kategoriebespreking Portaal Portaalbespreking Module Module talk Gadget Gadget talk Gadget definition Gadget definition talk Omgekeerde seleksie Filters Versteek insluitings | Versteek skakels | Versteek aansture Die volgende bladsye skakel na Rasionalisme : Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). Filosofie ( ← skakels wysig ) Noorweë ( ← skakels wysig ) Edmund Husserl ( ← skakels wysig ) Jerry Fodor ( ← skakels wysig ) Ensiklopedis ( ← skakels wysig ) Wetenskaplike metode ( ← skakels wysig ) Kennisleer ( ← skakels wysig ) Deïsme ( ← skakels wysig ) Eksistensialisme ( ← skakels wysig ) Modernisme ( ← skakels wysig ) Optimisme ( ← skakels wysig ) Romantiek ( ← skakels wysig ) Karl Popper ( ← skakels wysig ) Kritiek van Reine Beredening ( ← skakels wysig ) Portaal:Inhoud/Filosofie en denkwyse ( ← skakels wysig ) Portaal:Inhoudsopgawe/Oorsigte ( ← skakels wysig ) Portaal:Inhoudsopgawe/Oorsigte/Filosofie en denkwyse ( ← skakels wysig ) Pous Pius IX ( ← skakels wysig ) Meent Borcherds ( ← skakels wysig ) Humanisme ( ← skakels wysig ) Gereformeerde Kerke onder die Kruis ( ← skakels wysig ) Latynonderrig ( ← skakels wysig ) Parmenides ( ← skakels wysig ) Hans Sluga ( ← skakels wysig ) Wêreldbeskouing ( ← skakels wysig ) Genadedood ( ← skakels wysig ) Bespreking:Rasionalisme ( ← skakels wysig ) Empirisme ( ← skakels wysig ) Geskiedenis van die filosofie ( ← skakels wysig ) Carl von Clausewitz ( ← skakels wysig ) Theodor Adorno ( ← skakels wysig ) Bewussyn ( ← skakels wysig ) Duitse idealisme ( ← skakels wysig ) Neo-Kantianisme ( ← skakels wysig ) Friedrich Schleiermacher ( ← skakels wysig ) Yuval Noah Harari ( ← skakels wysig ) John Dewey ( ← skakels wysig ) Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Rasionalisme " Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Gereedskap Spesiale bladsye Drukbare weergawe Ander tale Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:59b8f753-b7a6-450e-8a4e-ea770e5176e7>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Rasionalisme
2019-07-19T19:14:01Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526337.45/warc/CC-MAIN-20190719182214-20190719204214-00431.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999307
false
Alfa Romeo GTV Alfetta GT 1.6 | | Oorsig | | ---|---| Ook genoem | Alfa Romeo Sprint Veloce | Produksie | 1974–1987 | Ontwerper | Giorgetto Giugiaro/Centro Stile Alfa Romeo | Bakwerk en onderstel | | Klas | Groot toermotor Sportmotor | Bakstyl | 2-deurkoepee | Spesifikasies | | Enjin | 1.6 L I4 (petrol) 1.8 L I4 (petrol) 2.0 L I4 (petrol) 2.0 L I4 (Turbo petrol) 2.5 L V6 (petrol) 3.0 L V6 (petrol) 2.6 L V8 (Autodelta)[1] | Ratkas | 5-gang handrat | Lengte | 4190-4260 mm | Breedte | 1664 mm | Hoogte | 1330 mm | Massa | 1110 kg (GTV 2.0) 1210 kg (GTV6 2.5) | Asafstand | 2400 mm | Plek in geskiedenis | | Voorganger | Alfa Romeo 105/115 reeks koepees | Opvolger | Alfa Romeo GTV (916) | Die Alfetta sedan was die basis vir die Alfetta GT, 'n 2-deur, viersitplekkoepee ontwerp deur Giorgetto Giugiaro van Italdesign. Dit is in 1974 bekendgestel, en was soortgelyk aan die sedan wat aanvanklik slegs beskikbaar was met die 1.8-liter (1779 cc) weergawe van die Alfa DBNA-viersilinder. Hierdie enjins was gekenmerk deur 'n kettinggedrewe 8-klep tweelingoorhoofse silinderkop van 'n kruisvloeiontwerp. Teen 1976, met die finale uitfasering van die vorige 105-reeks (GT 1300 Junior, GT 1600 Junior en 2000 GTV), is die Alfetta GT-reeks se 1.8 gestaak ten gunste van die 1.6-liter (1570 cc) Alfetta GT 1.6 en 2.0-liter (1962 cc) Alfetta GTV 2.0. Terselfdertyd is 'n paar opgraderings bekendgestel, soos 'n nuwe sierrooster met horisontale stroke en twee stelle luginlate daaronder. Die GTV word onderskei van die 1.6 weergawe deur twee "chroomsnorre" in die sierrooster en GTV-letters wat op die ventilasiegate op die C-pilaar gepryk het. Eksterne skakels[wysig | wysig bron] Verwysings[wysig | wysig bron] - Röthig, Gernot (Julie 1977). “Die 100 Träume des Herrn Reiff” (in German). Auto Zeitung: 61–67. Alfa Romeo | || ---|---|---| Wysig hierdie sjabloon | Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
<urn:uuid:d28ce963-e1fc-4a5c-8c59-2a27a088ca8a>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Alfa_Romeo_GTV
2019-07-22T08:09:15Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527828.69/warc/CC-MAIN-20190722072309-20190722094309-00191.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998933
false
Hulp Bladsye wat na "Alexander die Grote" skakel ← Alexander die Grote Jump to navigation Jump to search Skakels hierheen Bladsy: Naamruimte: alle (Hoof) Bespreking Gebruiker Gebruikerbespreking Wikipedia Wikipediabespreking Lêer Lêerbespreking MediaWiki MediaWikibespreking Sjabloon Sjabloonbespreking Hulp Hulpbespreking Kategorie Kategoriebespreking Portaal Portaalbespreking Module Module talk Gadget Gadget talk Gadget definition Gadget definition talk Omgekeerde seleksie Filters Versteek insluitings | Versteek skakels | Versteek aansture Die volgende bladsye skakel na Alexander die Grote : Wys (vorige 50 | volgende 50 ) ( 20 50 100 250 500 ). 21 Junie ( ← skakels wysig ) Sewe wonders van die wêreld ( ← skakels wysig ) Antieke Egipte ( ← skakels wysig ) Djengis Khan ( ← skakels wysig ) 356 v.C. ( ← skakels wysig ) Akko ( ← skakels wysig ) Griekeland ( ← skakels wysig ) Armenië ( ← skakels wysig ) Iran ( ← skakels wysig ) Zoroastrisme ( ← skakels wysig ) Ptolemaida ( ← skakels wysig ) Suiker ( ← skakels wysig ) Bulgarye ( ← skakels wysig ) Sofia ( ← skakels wysig ) Azerbeidjan ( ← skakels wysig ) Wikipedia:Voorbladartikels 2007 ( ← skakels wysig ) Turkye ( ← skakels wysig ) Aleksander die Grote (aanstuurblad) ( ← skakels wysig ) Jesus van Nasaret ( ← skakels wysig ) Aristoteles ( ← skakels wysig ) 1 Makkabeërs ( ← skakels wysig ) Saffraan ( ← skakels wysig ) Alexandrië ( ← skakels wysig ) Wikipedia:Kernartikels ( ← skakels wysig ) Wikipedia:Voorbladartikel week 35 2007 ( ← skakels wysig ) Joodse diaspora ( ← skakels wysig ) Aristoteles ( ← skakels wysig ) Noord-Masedonië ( ← skakels wysig ) Wikipedia:WikiProjek Afrikaanse CD/Artikels ( ← skakels wysig ) Wikipedia:Voorbladartikels 2009 ( ← skakels wysig ) Gebruiker:Anrie/Kernartikels ( ← skakels wysig ) Wikipedia:Voorbladartikel week 39 2009 ( ← skakels wysig ) Zeus ( ← skakels wysig ) Hera ( ← skakels wysig ) Helios ( ← skakels wysig ) Tydlyn van homo-, bi- en transseksuele geskiedenis ( ← skakels wysig ) Sirdarja ( ← skakels wysig ) Alexander van Griekeland ( ← skakels wysig ) Amasone (mitologie) ( ← skakels wysig ) Dardanelle ( ← skakels wysig ) Syroete ( ← skakels wysig ) Efese ( ← skakels wysig ) Aspendos ( ← skakels wysig ) Troje ( ← skakels wysig ) Kappadosië ( ← skakels wysig ) Ariarathes I ( ← skakels wysig ) Koninkryk van Masedonië ( ← skakels wysig ) Masedonië (Griekeland) ( ← skakels wysig ) Masedonië (streek) ( ← skakels wysig ) Sjabloon:Masedoniese konings ( ← skakels wysig ) Philippos II van Masedonië ( ← skakels wysig ) Karanos ( ← skakels wysig ) Koinos ( ← skakels wysig ) Wys (vorige 50 | volgende 50 ) ( 20 50 100 250 500 ). Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Alexander_die_Grote " Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Gereedskap Spesiale bladsye Drukbare weergawe Ander tale Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:715d99e1-f2e5-49b1-83ba-17978abcefbe>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Alexander_die_Grote
2019-07-22T08:04:54Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527828.69/warc/CC-MAIN-20190722072309-20190722094309-00191.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999313
false
Terracottaleër Terracottaleër | || ’n Deel van die leër. | || Name (taalvariante) | || Tradisionele Chinees | 兵馬俑 | | Vereenvoudigde Chinees | 兵马俑 | | Pinyin | Bīngmǎyǒng | Mausoleum van die Eerste Qin-keiser* | | ---|---| Unesco-wêrelderfenisgebied | | Posisie van die Mausoleum van die Eerste Qin-keiser in China Koördinate: Koördinate: | | Lande | Volksrepubliek China | Tipe | Kultureel | Kriteria | i, iii, iv, vi | Verwysings | 441 | Streek† | Shaanxi | Inskripsiegeskiedenis | | Inskripsie | 1987 (11de Sessie) | * Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn. † Streek soos deur Unesco geklassifiseer. | Die Terracottaleër (vereenvoudigde Chinees: 兵馬俑, tradisionele Chinees: 兵马俑, "Soldaat-en-perd-begrafnisbeelde") is ’n versameling beelde van terracotta wat die leër van Qin Shi Huang, die eerste keiser van China, uitbeeld. Dit is ’n vorm van begrafniskuns wat in 210 tot 209 v.C. saam met die keiser begrawe is om hom in die hiernamaals te beskerm. Die figure is in 1974 deur plaaslike boere in Xi'an, in die provinsie Shaanxi, ontdek. Hulle wissel in hoogte volgens hul rol – die hoogstes is die generaals. Die figure sluit soldate, strydwaens en perde in. Volgens ramings in 2007 bevat die drie putte met die Terracottaleër meer as 8 000 soldate, 130 strydwaens en 670 perde. Die meeste is nog in die Qin Shi Huang-mausoleum begrawe.[1] Ander, niemilitêre beelde is in ander putte ontdek; dit sluit hofamptenare, akrobate, atlete en musikante in. Inhoud Geskiedenis[wysig | wysig bron] Die bou van die graftome is deur die historikus Sima Qian (145-90 v.C.) beskryf in sy bekendste werk, Shiji, wat ’n eeu ná die voltooiing van die mausoleum geskryf is. Werk daaraan het begin in 246 v.C., kort nadat keiser Qin (toe 13 jaar oud) die troon bestyg het, en 700 000 werkers het eindelik aan die projek gewerk.[2] Die geograaf Li Daoyuan het ses eeue ná die keiser se dood in Shui Jing Zhu geskryf Berg Li is ’n goeie ligging vanweë sy gunstige geologie. Daar is talle jademyne; die noordekant is ryk aan goud en die suidekant ryk aan jade. Dit is glo hoekom die keiser, wat bewus was van sy goeie reputasie, gekies het om daar begrawe te word.[3][4] Sima Qian het geskryf die keiser is begrawe saam met paleise, torings, amptenare, waardevolle artefakte en wonderbaarlike voorwerpe. Geen melding word egter van die terracottabeelde gemaak nie.[2] Latere historiese geskrifte noem die moontlikheid dat die tombe geplunder is deur Xiang Yu, ’n aanspraakmaker op die troon ná die eerste keiser se dood.[5][6] Daar is egter geen aanduidings van ’n plundery nie.[7] Ontdekking[wysig | wysig bron] Die Terracottaleër is op 29 Maart 1974[8] deur boere ontdek terwyl hulle ’n put sowat 1,5 km oos van die tombe gegrawe het,[9][10] in ’n streek wat vol ondergrondse fonteine en waterweë is. Eeue lank al was daar berigte van stukkies terracottabeelde en fragmente van die Qin-nekropolis wat in die omgewing gevind is.[11] Hierdie ontdekking het Chinese argeoloë dus aangespoor om ondersoek in te stel, en so is die beelde ontdek. ’n Museumkompleks is intussen oor die gebied gebou, met die grootste put wat in ’n groot struktuur gehuisves word.[12] Die leër is deel van ’n veel groter nekropolis. Met radar is vasgestel die gebied is omtrent 98 km2 groot.[13] Die nekropolis is gebou as ’n mikrokosmos van die keiser se paleis en dek ’n groot gebied om die heuwel waarin die tombe is aan die voet van Berg Li. Dit is in die vorm van ’n piramideagtige struktuur,[14] en word omring deur twee sterk mure met ingange. Die nekropolis bestaan uit verskeie kantore, sale, perdestalle en ander strukture, sowel as ’n keiserlike park om die heuwel. Die soldate staan wag aan die oostekant van die tombe. Tot 5 m rooi, sanderige grond het in die twee millenniums van die tombe se bestaan op die terrein versamel.[15] Dit lyk of die tombe lugdig verseël is.[16][17] Dit word toe gehou, moontlik vanweë kommer oor die bewaring van die artefakte daarin.[16] Ná die uitgrawing van die Terracottaleër het die geverfde oppervlak op van die beelde begin afdop en verbleik.[18] Die vernis oor die verf kan binne sekondes omkrul as dit aan die droë lug van Xi'an blootgestel word en kan binne minute afdop.[19] Uitgrawingsterrein[wysig | wysig bron] Putte[wysig | wysig bron] Vier hoofputte van sowat 7 m diep is al uitgegrawe.[20][21] Hulle is sowat 1,5 km oos van die grafheuwel geleë. Die soldate is so gerangskik dat dit lyk of hulle die tombe vanuit die ooste beskerm waar keiser Qin se verowerde state was. Put 1[wysig | wysig bron] Put 1, wat 230 m lank en 62 m breed is,[22] bevat die hoofleër van meer as 6 000 figure.[23] Dit het 11 gange, waarvan die meeste breër as 3 m is. Hulle is uitgevoer met klein stene en het houtplafonne wat deur groot balke en stutte omhoog gehou word. Dié ontwerp is ook vir die graftombes van adellikes gebruik. Die houtplafonne is met matte van riet en lae klei bedek om dit waterdig te hou. Daarna is nog grond bo-op geplaas om hulle sowat 2-3 m bo die omringende grondvlak te laat uitstaan.[24] Ander[wysig | wysig bron] Put 2 bevat kavallerie- en infanterie-eenhede sowel as strydwaens, en stel moontlik ’n militêre wag voor. Put 3 is die beheerpos, met offisiere met hoë range en ’n oorlogswa. Put 4 is leeg en is moontlik deur die bouers leeg gelos. Sommige van die figure in Put 1 en 2 toon brandskade, terwyl oorblyfsels van gebrande dakbalke ook gekry is.[25] Dit, tesame met die vermiste wapens, is al beskou as bewys van die beweerde plundery deur Xiang Yu en die daaropvolgende brandstigting. Daar word geglo dit het die dak laat instort, wat weer die leërfigure daaronder stukkend geval het. Die terracottafigure wat op die oomblik uitgestal word, is uit die fragmente opgebou. Ander putte wat deel van die nekropolis is, is ook uitgegrawe.[26] Hulle lê binne en buite die mure wat die grafheuwel omring. Hulle bevat bronswaens; terracottafigure van vermaakkunstenaars soos akrobate en van amptenare; klipwapenrustings; grafte van perde, seldsame diere en werkers; en kraanvoëls en eende van brons in wat ’n ondergrondse park voorstel.[27] Soldaatfigure[wysig | wysig bron] Soorte en voorkoms[wysig | wysig bron] Die terracottafigure is lewensgroot. Hul hoogte, uniforms en haarstyle verskil volgens hul rang. Dit lyk of elke figuur ’n unieke gesig het; geleerdes het egter 10 basiese gesigsvorms geïdentifiseer.[28] Die figure beeld die volgende uit: gepantserde soldate, ongepantserde infanteriesoldate, perderuiters met pildooshoedjies, strydwadrywers met helms en beter pantserbeskerming, wadrywers met spiese, knielende boogskutters met pantseruitrusting, ongepantserde boogskutters wat staan, en generaals en ander offisiere met laer range.[29] Daar is egter afwisseling in die uniforms: Sommige dra byvoorbeeld skeenstutte en ander nie; sommige het lang- en ander kortbroeke aan; en hul pantseruitrustings verskil na gelang van hul rang, funksie en posisie in die formasie.[30] Die figure is aanvanklik in helder kleure geverf: pienk, rooi, groen, blou, swart, bruin, wit en pers.[31][32] Die kleurafwerking en individuele gesigsvorms sou hulle ’n realistiese voorkoms gegee het. Die meeste van die verf het egter mettertyd afgedop en verbleik. Sommige geleerdes meen daar is dalk ’n Hellenistiese invloed te bespeur vanweë die gebrek aan lewensgroot en realistiese beelde voor die Qin-dinastie.[33][34] Volgens hulle is die moontlike Griekse invloed veral sigbaar in sommige figure, soos dié van die akrobate, en in die tegniek wat vir die maak van die bronsbeelde gebruik is.[35][36] Chinese geleerdes skiet egter dié idee af omdat daar geen bewys is van kontak tussen die antieke Grieke en die Chinese bouers van die tombe nie.[37] Vervaardiging[wysig | wysig bron] Die terracottafigure is deur regeringswerkers en plaaslike vakmanne in werkwinkels gemaak van plaaslike materiale. Die koppe, arms, bene en torso's is apart gemaak en daarna aanmekaargeplak. Ná voltooiing is die figure in die putte geplaas in presiese militêre formasies volgens rang en funksie.[38] Die gesigte is met gietvorms gemaak; daar was minstens 10 gietvorms vir die gesigte.[28] Klei is agterna gebruik vir die gesigsuitdrukkings om elke gesig uniek te maak.[39] In dié tyd van streng keiserlike beheer is van elke werkwinkel verwag om sy naam aan te bring op die voorwerpe wat hy maak ter wille van gehaltebeheer. Dit het moderne historici gehelp om te bepaal watter werkwinkels se plig dit was om teëls en ander alledaagse voorwerpe vir die Terracottaleër te maak. Wapens[wysig | wysig bron] Die meeste figure sou regte wapens gehad het om hulle realistieser te laat lyk. Die meerderheid van die wapens is egter gesteel of het vergaan. Tog is baie wapens soos swaarde, spiese, lanse, byle, skilde, boë en pylkoppe in die putte gekry.[20][40] Meer as 40 000 bronswapenitems is ontdek, veral pylkoppe.[41] Bronsswaarde en -dolke is ook gevind.[42] Van die wapens, soos die swaarde, was skerp en is bedek met ’n laag van 10-15 mikrometer chroomdioksied, wat hulle 2 000 jaar teen roes sou beskerm het.[43][44] Van hulle het datums op van tussen 245 en 228 v.C., wat daarop dui dat hulle as wapens gebruik is voordat hulle begrawe is.[45] ’n Belangrike element van die leër is die strydwa, waarvan vier soorte ontdek is. In gevegte het pare waens voor infanterie-eenhede gery. Die belangrikste wapen van die drywers was die ge, of dolk-byl, ’n L-vormige bronslem wat aan ’n lang skag gemonteer was en gebruik is om na die vyand te kap. Die infanteriesoldate het ook ’n ge gehad wat aan korter skagte gemonteer was, asook hellebaarde, spiese en lanse. Vir gevegte op ’n kort afstand het beide strydwadrywers en infanteriesoldate reguit swaarde gehad waarvan albei kante skerp was. Die boogskutters het boë met gesofistikeerde meganismes gehad wat pyle verder as 800 m kon skiet.[45] Uitstallings[wysig | wysig bron] ’n Versameling van 120 voorwerpe uit die mausoleum en 12 terracottasoldate is van 13 September 2007 tot April 2008 in die Britse Museum in Londen vertoon as deel van ’n spesiale uitstalling.[46] Dit het meegebring dat 2008 die museum se suksesvolste jaar nog was en dat die museum tussen 2007 en 2008 Brittanje se grootste kulturele attraksie was.[47][48] Dit het die meeste besoekers gelok sedert die Toetankamen-uitstalling van 1972.[47] Daar is berig dat die 400 000 vooraf betaalde kaartjies so gou uitverkoop is dat die museum sy openingsure tot middernag verleng het.[49] Desondanks moes baie besoekers weggewys word.[50] Op die dag waarop die Chinese Nuwejaar gevier is, was daar so ’n toeloop dat die museum sy deure moes sluit.[50] In 2004 is soldate en ander voorwerpe in die Forum de Barcelona in Barcelona uitgestal. Dit was hul suksesvolste uitstalling nog.[51] Dieselfde uitstalling was daarna in die Fundación Canal de Isabel II in Madrid, en dit was ook hul mees geslaagde uitstalling.[52] Galery[wysig | wysig bron] Verwysings[wysig | wysig bron] - Portal 2007, p. 167. - Sima Qian – Shiji, Volume 6 - Clements 2007, p. 158. - Shui Jing Zhu, hoofstuk 19 - Shui Jing Zhu, hoofstuk 19 - Sima Qian – Shiji, Volume 8 - "Royal Chinese treasure discovered". BBC News. 2005-10-20. Besoek op 2011-12-03. - Agnew, Neville (2010-08-03). [ Terracottaleër op Google Boeke Conservation of Ancient Sites on the Silk Road] Check |url= value (help). Getty Publications. p. 214. ISBN 9781606060131. Besoek op 11 Julie 2012. - O. Louis Mazzatenta. "Emperor Qin's Terracotta Army". National Geographic. - The precise coordinates are ) - Clements 2007, pp. 155, 157, 158, 160–161, 166. - "Army of Terracotta Warriors". Lonely Planet. - "Discoveries May Rewrite History of China's Terra-Cotta Warriors". 2016-10-12. Besoek op 2016-10-12. - 73号 Qin Ling Bei Lu (1970-01-01). "Google maps". Maps.google.co.uk. Besoek op 2011-12-03. - Clements 2007, p. 160. - "The First Emperor". Channel4.com. Besoek op 2011-12-03. - "Application of geographical methods to explore the underground palace of the Emperor Qin Shi Huang Mausoleum" (PDF). Google. Besoek op 2011-12-03. - Nature. "Terracotta Army saved from crack up". Nature.com. Besoek op 2011-12-03. - Larmer, Brook. "Terra-Cotta Warriors in Color." National Geographic Junie 2012: 86 - "The Necropolis of First Emperor of Qin". History.ucsb.edu. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 November 2011. Besoek op 3 December 2011. - A Magic Army for the Emperor Lothar Ledderose - Ledderose 1998, pp. 51–73 A Magic Army for the Emperor - "The Mausoleum of the First Emperor of the Qin Dynasty and Terracotta Warriors and Horses". China.org.cn. 2003-09-12. Besoek op 2011-12-03. - Portal 2007. - "China unearths 114 new Terracotta Warriors". BBC News. 2010-05-12. Besoek op 2011-12-03. - "Terracotta Accessory Pits". Travelchinaguide.com. 2009-10-10. Besoek op 2011-12-03. - "Decoding the Mausoleum of Emperor Qin Shihuang". China Daily. 2010-05-13. Besoek op 2011-12-03. - [ Terracottaleër op Google Boeke The Terra Cotta Warriors] Check |url= value (help). National Geographic Museum. p. 27. - Cotterell, Maurice (June 2004). [ Terracottaleër op Google Boeke The Terracotta Warriors: The Secret Codes of the Emperor's Army] Check |url= value (help). Inner Traditions Bear and Company. pp. 105–112. ISBN 978-1591430339. - Cotterell, Maurice (June 2004). [ Terracottaleër op Google Boeke The Terracotta Warriors: The Secret Codes of the Emperor's Army] Check |url= value (help). Inner Traditions Bear and Company. pp. 103–105. ISBN 978-1591430339. - John Simpson, Greg Hurst 3 Desember 2011 12:01 am. "Terracotta soldier – in full colour". The Times. UK. Besoek op 2011-12-03. - "Terracotta army emerges in its true colors". China Daily. Besoek op 2011-12-03. - Early links with West likely inspiration for Terracotta Warriors, argues SOAS scholar, School of Oriental and African Studies (SOAS), University of London - Lukas Nickel, The First Emperor and sculpture in China, SOAS, University of London, Cambridge University Press, 2013 - "Western contact with China began long before Marco Polo, experts say". BBC. 12 Oktober 2016. - Johnston, Ian (13 Oktober 2016). "Ancient Greeks may have built China's famous Terracotta Army – 1,500 years before Marco Polo". Independent.co.uk. Besoek op 14 Oktober 2016. - "Why China's Terracotta Warriors Are Stirring Controversy". - "A Magic Army for the Emperor". Upf.edu. 1 October 1979. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 November 2011. Besoek op 3 December 2011. - Portal 2007, p. 170. - "Exquisite Weaponry of Terra Cotta Army". Travelchinaguide.com. Besoek op 2011-12-03. - (2011) “Making Weapons for the Terracotta Army”. Archaeology International 13: 65–75. doi:10.5334/ai.1316. - Cotterell, Maurice (Junie 2004). [ Terracottaleër op Google Boeke The Terracotta Warriors: The Secret Codes of the Emperor's Army] Check |url= value (help). Inner Traditions Bear and Company. pp. 99–102. ISBN 978-1591430339. - "Terracotta Warriors (Terracotta Army)". China Tour Guide. Besoek op 2011-07-28. - Zhewen Luo (1993). [ Terracottaleër op Google Boeke China's imperial tombs and mausoleums] Check |url= value (help). Foreign Languages Press. p. 102. ISBN 7-119-01619-9. Besoek op 2010-06-28. - "The First Emperor - China's Terracotta Army - Teacher's Resource Pack" (PDF). British Museum. - "British Museum - The First Emperor: China's Terracotta Army". British Museum. - Higgins, Charlotte (2008-07-02). "Terracotta army makes British Museum favourite attraction". The Guardian. Londen. Besoek op 2010-05-25. - "British Museum sees its most successful year ever". Best Western. 2008-07-03. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2008-10-11. - "British Museum ponders 24-hour opening for terracotta warriors". CBC News. 22 November 2007. - Whitworth, Damian (2008-07-09). "Is the British Museum the greatest museum on earth?". The Times. London. Besoek op 2010-05-25. - DesarrolloWeb (2007-04-19). "Los guerreros de Xian, en el Forum de Barcelona". Guiarte.com. Besoek op 2011-12-03. - "Guerreros de Xian". Futuropasado.com. Besoek op 2011-12-03. - "Record-Breaking Terracotta Army Exhibition at Atlanta museum". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 July 2011. Besoek op 16 January 2010. - "ROM's terracotta warriors show a blockbuster". CBC. 6 Januarie 2011. - "China's Terracotta Army, Stockholm, Sweden, Reviews". Besoek op 20 Januarie 2010. - "World Famous Terracotta Army Arrives in Stockholm for Exhibition at Ostasiatiska Museum". Besoek op 20 January 2010. - "Il Celeste Impero. Guerrieri di terracotta a Torino - Il Sole 24 ORE". - "Esercito di Terracotta: dalla Cina a Palazzo Reale di Milano - NanoPress Viaggi". Bibliografie[wysig | wysig bron] - Clements, Jonathan (18 Januarie 2007). The First Emperor of China. Sutton. ISBN 978-0-7509-3960-7. - Debaine-Francfort, Corinne (1999). The Search for Ancient China. New Horizons-reeks. Thames & Hudson. ISBN 978-0-500-30095-4. - Dillon, Michael (1998). China: A Historical and Cultural Dictionary. Durham East Asia-reeks. Richmond, Surrey: Curzon. ISBN 978-0-7007-0439-2. - Portal, Jane (2007). The First Emperor: China's Terracotta Army. Harvard University Press. ISBN 978-0-674-02697-1. - Ledderose, Lothar (2000). "A Magic Army for the Emperor". Ten Thousand Things: Module and Mass Production in Chinese Art. The A.W. Mellon Lectures in the Fine Arts. Princeton, NJ: Princeton University Press. ISBN 978-0-691-00957-5. - Perkins, Dorothy (2000). Encyclopedia of China: The Essential Reference to China, Its History and Culture. Facts On File. ISBN 978-0-8160-4374-3. Eksterne skakels[wysig | wysig bron] - Unesco se beskrywing van die mausoleum - Emperor Qinshihuang's Mausoleum Site Museum (amptelike webtuiste) - People's Daily-artikel oor die Terracottaleër - OSGFilms Video-artikel: Terracotta Warriors at Discovery Times Square - The Necropolis of the First Emperor of Qin Uittreksels uit 'n lesing - China's Terracotta Warriors Dokumentêr - Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Terracottaleër. - Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
<urn:uuid:ea924783-a2d6-4fa8-a910-9ca156ca94f6>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Terracottale%C3%ABr
2019-07-22T08:07:23Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527828.69/warc/CC-MAIN-20190722072309-20190722094309-00191.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998931
false
Dit is 'n Chinese naam; Die van is Chen. Chen Longcan (Chinees: 灿龙灿; gebore 21 Maart 1965) is 'n manlike Chinese tafeltennisspeler. Hy het tydens die 1988-Olimpiese Spele in Seoul in die mans dubbelspel saam met Wei Qingguang gewen.
<urn:uuid:881c5254-c13b-4487-94dc-f2c72d0b3082>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Chen_Longcan
2019-07-19T18:50:52Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526337.45/warc/CC-MAIN-20190719182214-20190719204214-00455.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999726
false
Jorma Taccone Jorma Taccone | | Geboortenaam | Jorma Christopher Taccone[1] | ---|---| Geboorte | 19 Maart 1977 | Nasionaliteit | Amerikaans | Kinders | 1 | Beroep(e) | Skrywer en akteur | Internet-rolprentdatabasis-profiel | Jorma Taccone (gebore 19 Maart 1977) is 'n Amerikaanse skrywer en akteur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Hot Rod (2007), The Lego Movie (2014), en Popstar: Never Stop Never Stopping (2016), en in die televisiereeks Saturday Night Live (1975). Inhoud Filmografie[wysig | wysig bron] Rolprente[wysig | wysig bron] - 2007: Hot Rod - 2009: Land of the Lost - 2010: MacGruber - 2014: The Lego Movie - 2016: Popstar: Never Stop Never Stopping - 2017: It Happened in L.A. - The Great Unknown - Spy Guys - MacGruber 2 Televisiereekse[wysig | wysig bron] - 1975: Saturday Night Live - 2003: The 'Bu - 2003: Ignition Buzz TV Countdown - 2007: Wainy Days - 2012: Frames - 2018: Alone Together Televisierolprente[wysig | wysig bron] - 2003: Regarding Ardy - 2004: G-Phoria 2004 - 2010: The Women of SNL Video's[wysig | wysig bron] - 2004: The Lonely Island: Just 2 Guyz - 2005: The Lonely Island: Lazy Sunday - 2005: The Lonely Island: Bing Bong Brothers - 2008: The Lonely Island: We Like Sportz - 2009: The Lonely Island Feat. T-Pain: I'm on a Boat - 2009: The Lonely Island: Like a Boss - 2010: The Lonely Island Feat. Akon: I Just Had Sex - 2011: The Lonely Island Feat. Nicki Minaj & John Waters: The Creep - 2011: The Lonely Island Feat. Michael Bolton: Jack Sparrow - 2012: American Daydream - 2013: The Future with Emily Heller - 2013: Haim: The Wire - 2016: Diary of a Teenage Girl: Marielle's Journey - Bringing the Diary to Life - 2018: Hip Hop Howls
<urn:uuid:2fe2fd9b-33d6-4d77-9b63-2017c58d31bd>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Jorma_Taccone
2019-07-19T19:25:42Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526337.45/warc/CC-MAIN-20190719182214-20190719204214-00455.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.705737
false
Die Notwanerivier is 'n sytak van die Limpoporivier in Botswana. Dit vloei in die Limpoporivier in op die grens met Suid-Afrika.
<urn:uuid:210c2221-ae6c-4fea-9b9a-663620571a0f>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Notwanerivier
2019-07-19T19:03:17Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526337.45/warc/CC-MAIN-20190719182214-20190719204214-00455.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999444
false
1849 jaar 1849 | ◄ | 18de eeu | ◄19de eeu► | 20ste eeu | ► | Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal | Sien ook: Kategorie:1849 | Kalenders | | Stockholm se mode in 1849 | | Die jaar 1849 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 49ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. GebeureWysig GeboortesWysig SterftesWysig - Peter de Wint – Waterverfskilder - 8 Februarie – France Prešeren, Sloweense digter (* 1800). - 28 Mei – Anne Brontë, Engelse skryfster (* 1820). - 15 Junie – James K. Polk, elfde President van die Verenigde State (* 1795) - 7 Oktober – Edgar Allan Poe, Amerikaanse skrywer, digter, uitgewer en literatuurkritikus (* 1809).
<urn:uuid:e0f03701-2365-4d29-943f-519e06583f21>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/1849
2019-07-19T19:19:22Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526337.45/warc/CC-MAIN-20190719182214-20190719204214-00479.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999582
false
Leila Reitz Reitz was die dogter van Claude Wright, ’n geneesheer van Wynberg. Nadat sy haar matriek in die eersteklas in 1905 aan die High School for Girls (tans Hoër Meisieskool Rustenburg), Rondebosch, verwerf het, het sy die B.A.-graad met onderskeiding in geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Kollege, Kaapstad, behaal en dit van die Universiteit van die Kaap die Goeie Hoop ontvang. Van 1910 tot 1913 het sy as beurshouer van die Kaapse Universiteit aan die Newnham College, Cambridge in Engeland gestudeer. Nadat sy die tripos in geskiedenis behaal en na Suid-Afrika teruggekeer het, het sy geskiedenis aan die Universiteit van Kaapstad gedoseer tot sy in 1920 met kol. Deneys Reitz in die huwelik getree het. Reitz se verbintenis met die Suid-Afrikaanse Party dateer van vroeg in haar getroude lewe, eerstens terwyl sy haar man in sy politieke loopbaan ondersteun het en later in eie reg as uitvoerende lid van die vroue-afdeling van die Party, die Witwatersrandse dagbestuur en die nasionale hoofkomitee. Tesame met onder andere Bertha Solomon het sy in 1930 gehelp om stemreg vir vroue te verseker, en in 1933 is sy tot die Volksraad verkies as die Suid-Afrikaanse Party se verteenwoordiger in die Parktown-kiesafdeling. Sy is onbestrede herkies en het die setel tot 1943 behou. Sowel binne as buite die Volksraad was sy ’n vurige kampvegter vir vroueregte. Sy het wetgewing wat daarop gemik was om egskeiding vir vroue makliker te maak, ondersteun deur as privaat lid die wetsontwerp insake huweliksjurisdiksie in te dien en ook in die Kommissie insake Wetlike Onvermoëns van Vroue gedien, wat oorspronklik in 1939 aangewys is, maar as gevolg van die Tweede Wêreldoorlog tot 1946 uitgestel is. In 1948 het die kommissie sy verslag, wat aanleiding gegee het tot die Wet op Huweliksaangeleenthede van 1953, voorgelê. Sy het die voordele wat universiteitsopleiding vir vroue inhou en dié verbonde aan verpligte vredestydse welsynsdiens vir vroue om permanente poste in die staatsdiens te bekom, gewys. Haar skerp intellek, oortuigende welsprekendheid en opregte medelye met minderbevoorregtes het haar ’n geesdriftige en geslaagde sosiale hervormer en kampvegter vir vroueregte gemaak. Haar ander belangstellings as Volksraadslid was die probleme van jeugmisdaad en die ontberinge van die Armblankes. Sy het ’n belangrike rol in die deurvoer van die Kinderwet (No. 31 van 1937) gespeel. In breër politieke sin was sy ’n ondersteuner van die vereniging van die partye van J.B.M. Hertzog en J.C. Smuts om in 1934 die Verenigde Suid-Afrikaanse Nasionale Party te vorm, die samesmelting van die Britse en Afrikanerseksies van die gemeenskap, en die behoud van Britse nasionaliteit. Sy het voorsien dat vooruitgang vir Swartes deur die daarstelling van Swart rade sou kom. In 1943 het sy haar parlementêre loopbaan prysgegee om haar eggenoot na Londen te vergesel met sy aanstelling as Hoë Kommissaris van die Unie van Suid-Afrika. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog was sy ’n ywerige werker wat gehelp het met die stigting van die Women’s Aviation Association, later die Woman’s Auxilliary Air Force, waarvan sy president was. Reitz was ’n goeie tennisspeelster en kaptein van die vrouetennisspan van Cambridge teen dié van Oxford. Haar ander belangstellings was tuinmaak, musiek, ou meubels en porselein. Sy het haar later jare as afgetredene in Kaapstad deurgebring.
<urn:uuid:8cf604c2-f276-444b-9d7f-137559fabb1a>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Leila_Reitz
2019-07-19T18:57:45Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526337.45/warc/CC-MAIN-20190719182214-20190719204214-00479.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
1.000003
false
Bespreking:1400 Jump to navigation Jump to search Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die 1400-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. | Artikelriglyne Daaglikse bladtrekke | |
<urn:uuid:102bcc0e-5346-40c6-910e-0887fc07aaf2>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:1400
2019-07-23T13:37:12Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529406.97/warc/CC-MAIN-20190723130306-20190723152306-00399.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999987
false
Carl Jung Carl Gustav Jung (26 Julie 1875 – 6 Junie 1961), ’n Switserse psigiater en sielkundige, word beskou as een van die grondleggers van die analitiese sielkunde. Hy het dit aanvanklik selfstandig, maar later in samewerking met Sigmund Freud, ontwikkel. Dié twee het veral oor die onbewuste met mekaar verskil. Freud het dit as ’n neweproduk van die bewussyn beskou, terwyl Jung van mening was dat die bewussyn uit die onbewuste afkomstig is. Die onbewuste omvat nie net iemand se persoonlike lewensgeskiedenis nie, maar het ook ’n "laag" wat alle mense met mekaar gemeen het: die kollektiewe onbewuste, waarvan onder meer argetipes of oerbeelde deel vorm. Hoewel verskeie van Jung se idees algemeen aanvaar word, het hy nie soveel invloed soos Freud en ander dieptesielkundiges uitgeoefen nie. Jung word saam met Freud en Alfred Adler as die grondleggers van die dieptesielkunde beskou. By dieptesielkunde word die belangrikheid van ’n mens se onbewuste “sielslewe” beklemtoon. Dié sielslewe speel nie net ’n belangrike rol by die ontstaan van geestesteurings nie, maar is ook van waarde om die gedrag en belewenisse van gesonde mense te verstaan. Die begrip onbewuste het nie saam met die eerste dieptesielkundes sy verskyning gemaak nie: Die filosowe Immanuel Kant (1724 – 1804) en Arthur Schopenhauer het vroeër reeds na die onbewuste en die mag daarvan verwys. Psigiaters kon egter eers daarin slaag om tot die onbewuste deur te dring nadat hipnotiseringstegnieke en -terapieë ontwikkel is. Freud het psigoanalise uit hipnose ontwikkel; hy het egter gemeen dit is nog beter as ’n pasiënt bloot ontspan en vrye teuels aan sy gedagtes gee (vrye assosiasie) sodat onbewuste gedagtes en gevoelens na vore kon kom, as om die onbewuste deur middel van hipnose te bereik. Jung het ook op ’n ander manier vasgestel hoe belangrik die onbewuste is. Hy het baie in spiritistiese en parapsigologiese verskynsels belang gestel. As student het hy op ’n dag gesien hoe ’n meisie tydens ’n séance in ’n beswyming raak. Dit het hom só geboei dat hy sy proefskrif daaroor geskryf het. Later het hy hom met assosiasieproefnemings besig gehou. Tydens dié ondersoeke het dit vir Jung duidelik geword dat wanneer iemand aarsel om te begin praat nadat hy ’n sekere prikkelwoord gebruik het, dit die gevolg kan wees van ’n pynlike konfrontasie met ’n onbewuste probleem. Jung was, op grond van verdere studies en publikasies op dié gebied, al ’n bekende sielkundige voordat hy in 1907 met Freud in aanraking gekom het. Die onbewuste[wysig | wysig bron] Freud en Jung het vyf jaar lank nou saamgewerk. In 1912 het hulle paaie egter uiteengegaan toe Jung hom verset teen Freud se benadering dat onderdrukte seksuele probleme die belangrikste oorsaak van die meeste psigiese kwale is. Volgens Jung was dié siening eensydig en dogmaties. Die libido, volgens Freud die mens se seksuele drang, het vir Jung ’n wyer betekenis gehad: ’n algemene lewenskragtigheid wat die grondslag van alle uitinge van die lewende natuur – dus ook die mens – vorm. Jung se standpunt was dat die menslike problematiek ver bo slegs sy seksuele problematiek verhewe is. Baie probleme het betrekking op die verhouding met ander mense of op die doel van sy eie lewe en dié van ander. Volgens Jung streef die mens hoofsaaklik na selfverwesenliking. Baie raak egter in die loop van die lewe die spoor byster, en dit is derhalwe die psigiater se taak om hulle met selfverwesenliking te help. Jung se psigoterapie of behandelingsmetode was in ooreenstemming hiermee doelgerig en finaal in teenstelling met Freud se psigoanalitiese metode, wat op die oorsaak van die psigiese ontsporing, dit wil sê kousaal, gerig was. Jung het die onbewuste nie slegs as ’n aanhangsel en verborge deel van die bewussyn beskou nie, maar as ’n ryk “moederbron” waaruit die bewussyn bloei. Die mens se bewussyn is nie net individueel nie, maar bevat dele wat alle mense gemeen het. Die lewe word volgens Jung gevoed deur die kragte van die onbewuste, waaruit nuwe insigte ontstaan en inspirasie geput word. As die bewussyn vervreemd raak van die “moederbron” van die onbewuste, ontstaan ’n hiperrasionele denkwyse waarin gevoel geen rol speel nie en wat dan uiteindelik steriel word. Die onbewuste bestaan dus volgens hom nie net uit dit wat persoonlik vergeet (onderdruk), onbewustelik waargeneem of individueel problematies is nie, maar is ook die plek waar die hele mensdom se gevoelens en denke neerslag vind: dus die kollektiewe onbewuste. Argetipes[wysig | wysig bron] Jung het van argetipes gepraat omdat temas soos die gevoelsverhoudings tot die vader, moeder, kind, God, die duiwel en dié tussen man en vrou oral voorkom. Dit kom ook in alle kulture tot uiting deur mites, godsdienstige opvattings, kunssinnige uitings en simbole. Dieselfde motiewe word in die uiteenlopendste kulture op dieselfde manier in beelde en verhale uitgedruk. Hy het dié motiewe en beelde argetipes of grondvorms genoem. Argetipes is ’n universele predisposisie of vorm van denke en gevoel, is van nature onbewus en kan nooit bewuste materiaal word nie. Dit veroorsaak beelde en visies wat met bewuste ervarings ooreenstem. In die argetipe van die vader word alle aspekte van die gevoelsverhouding tot die vader uitgedruk: die vader as God, as tiran, as streng maar regverdig, as genadig en as goeie versorger. Die argetipe van die moeder omvat beelde van die moeder as die universele moeder, moedergodin, vrugbaarheidsimbool, toegewyde, liefdevolle versorger, maar ook byvoorbeeld as egoïstiese moeder wat nie van haar kinders wil afsien nie, die kwaai stiefma of die dreigende moeder. Die moeder wat nie van haar kinders wil afsien nie, word in drome dikwels as ’n inkvis of as ’n spinnekop uitgebeeld; die stiefmoeder word dikwels in sprokies uitgebeeld, terwyl die dreigende moeder in kinderverhale as die wolf of heks uitgebeeld word (in die Oosterse godsdienste as die moedergodin wat kinderoffers vra). In die onbewuste gevoelslewe van die vrou vorm die beeld van die ideale man, die Animus, onder meer as held, beskermer, minnaar en as versorgingsobjek, ook ’n argetipe. Hierteenoor is daar die argetipe van die Anima, die onbewuste beeld van die ideale vrou soos dit in die onbewuste van die man aangetref word: as minnares en verleidster, versorger en moeder, sportiewe kameraad en kind-vrou. Dan is daar ook die argetipe van die Goddelike Kind, die onbewuste beeld van die kind as nuwe lewe, geluk, en een wat heil bring, teer en deur gevare omring, maar tog lewenskragtig en tot iets groter as sy ouers bestem; miskien ’n profeet wat die mens tot selfverwesenliking sal lei. Baie mense het Jung kwalik geneem omdat hy God ook as ’n argetipe beskou het. Jung het sy argetipe van God egter nie net as argeskepper wat buite die wêreld staan, beskou nie, maar as die God wat in elkeen aanwesig is. Anders as baie ander dieptesielkundiges het Jung ’n sterk godsdienstige inslag gehad. Hoewel hy nie ’n gelowige in die ware sin van die woord was nie, het hy baie respek gehad vir die rol wat die onderskeie soorte godsdienste gespeel het om betekenis aan mense se lewens te gee. Net soos Freud het Jung drome ook as die beste manier beskou om tot die onbewuste deur te dring (die "koninklike weg" na die onbewuste). Ander uitdrukkingsmetodes soos tekeninge, musiek en dans kan ook as uitings van probleme in die onbewuste gevoelswêreld beskou word. Volgens Jung hoef ’n droom nie net op grond van die vrye assosiasies van die dromer vertolk te word nie, maar kan die toehoorder, byvoorbeeld die psigoterapeut, se assosiasie ook help om die droom te vertolk. Die psigoterapeut kan op grond van sy kennis vasstel of ’n bepaalde droombeeld net ’n uitbeelding van die dromer se persoonlike probleme is, en of dit op ou kultuuruitinge gegrond is, en dus van kollektiewe aard is. Jung was ook van mening dat die karakters in ’n droom nie noodwendig betrekking hoef te hê op persone wat ’n rol in die dromer se lewe speel nie, maar ook sy eie persoonlikheid kan weerspieël. ’n Droom moet dus nie net objektief ontleed word nie, maar ook subjektief, met die betrokke persoon in gedagte. Persoonlikheidstipes[wysig | wysig bron] Jung is bekend vir sy tipe-indeling van mense. Hy onderskei tussen ekstroverte, wat hulle op die buitewêreld rig, en introverte, mense wat in hulself gekeer is. Albei dié eienskappe kom in alle mense voor, maar die een oorheers altyd. Hy het ook vier psigologiese funksies onderskei: waarneming, intuïsie denke en gevoel. Volgens Jung vul die eerste twee funksies mekaar aan, asook die laaste twee. As ’n mens byvoorbeeld te veel klem op waarneming lê en intuïsie verwaarloos, kan hy siektesimptome ontwikkel, terwyl mense wat denke ten koste van gevoel ontwikkel, ook kan siek word, en omgekeerd. Mandala[wysig | wysig bron] Van Jung se pasiënte het dikwels ’n sirkelvormige figuur geteken. Dié sirkel het volgens hom baie met figure in Oosterse godsdienste, sogenaamde mandalas, ooreengestem. Psigiatriese pasiënte het dié figure as ’n soort beskerming teen invloede van buite beskou, as ’n soort towersirkel wat die pasiënt kon gebruik om te probeer verhoed dat hy innerlik heeltemal ineenstort. Die mandala is dus volgens Jung ’n simbool van integrasie wat in alle kulture waar dit voorkom, as ’n middel tot meditasie gebruik word. Dit stel die individu in staat om op homself te konsentreer. Invloed[wysig | wysig bron] In teenstelling met Freud, die grondlegger van die psigoanalise, en in ’n mindere mate Adler, die grondlegger van die individuele sielkunde, het Jung se analitiese sielkunde nie baie aanhang geniet nie. Een van die redes is moontlik dat sy geskrifte moeilik verstaanbaar en diepsinnig is, en dat baie mense nie die geduld of agtergrond het om dit te begryp nie. Die godsdienstige en mistieke aard van baie van Jung se geskrifte het ook probleme meegebring. Die feit dat hy ’n tyd lank nie afkerig was van Hitler se Nasionaal-Sosialisme nie, het baie mense ook ontstel. Sy menings word egter steeds verkondig, veral by die Jung-instituut in Zürich, wat in 1948 gestig is en waar terapeutiese metodes volgens sy idees toegepas word. Organisasies wat analitiese sielkundemetodes bestudeer en toepas, bestaan in verskeie lande. Bronnelys[wysig | wysig bron] - Wêreldspektrum, Vol. 11, 7-8, ISBN 0 908409 54 0
<urn:uuid:acc07976-2780-4143-8ff8-0247a7391470>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Carl_Jung
2019-07-16T04:21:16Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524502.23/warc/CC-MAIN-20190716035206-20190716061206-00023.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
1.000005
false
Edamkaas Edam | || Ander name | Edammerkaas | | Oorsprong | Edam, Nederland | | Melkbron | Koeie, bokke | | Eienskappe | || Gepasteuriseer | Ja | | Tekstuur | Halfhard | | Massa | 800-2 000 g | | Vorm | Bol | | Veroudering | 4 weke tot 10 maande | | Voedingswaarde (per 100 g) | || Vetinhoud | 11 g | Edam het ’n vaalgeel binnekant en ’n rooi buiterand van was. Dit verouder goed en raak nie bederf nie; dit word net hard. Daarom was dit tussen die 14de en 18de eeu een van die wêreld se gewildste kase, op see en in afgeleë kolonies.[2][3] Inhoud[wysig | wysig bron] Die meeste edamkase wat in winkels verkoop word, het ’n baie matige smaak, effens sout of neutagtig, en feitlik geen reuk in vergelyking met ander soorte kaas nie.[4] Namate die kaas verouder, raak die geur skerper en word die kaas stywer.[3] Dit het ’n aansienlik laer vetinhoud as die meeste ander tradisionele kase; dit kan so min as 28% vet in droë stof wees. Moderne edam is sagter as ander kase soos cheddar vanweë sy lae vetinhoud. Dit kan egter nie so maklik soos sommige ander kase gerooster word nie. Verwysings[wysig | wysig bron] - Official Edam-webtuiste Touriste-inligting. Besoek op 11 April 2007 - Miller, Laurel; Skinner, Thalassa; Tsai, Ming (2012). Cheese For Dummies. Culture Magazine, John Wiley & Sons. pp. 209, 210. ISBN 9781118099391. Besoek op 6 Maart 2013. - History of Edam Cheese Edam.com. Besoek op 11 April 2007 - Jenkins, Steven W. (1996). Cheese Primer. Workman Publishing Company. p. 373. ISBN 0-89480-762-5. Besoek op 25 Mei 2010.
<urn:uuid:48bdaf3f-cdf6-4305-bc1f-e6af3e1f88df>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Edamkaas
2019-07-18T14:10:16Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525634.13/warc/CC-MAIN-20190718125048-20190718151048-00343.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999846
false
Graça Machel Graça Machel (née Simbine; gebore 17 Oktober 1945) is 'n Mosambiekse politikus en humanis. Sy is die weduwee van die voormalige Suid-Afrikaanse president Nelson Mandela en Mosambiekse president Samora Machel. As gevolg hiervan is sy die enigste vrou wat as eerste dame in twee aparte onafhanklike lande gedien het. Sy is 'n internasionale kampvegter vir die regte van vroue en kinders en is in 1997 vir haar humanitêre werk as 'n Britse dame verklaar. Graça Machel | | Presidentsvrou van Suid-Afrika Ampstermyn 18 Julie 1998 – 14 Junie 1999 | | President | Nelson Mandela | ---|---| Voorafgegaan deur | Winnie Madikizela-Mandela | Opgevolg deur | Zanele Mbeki | Presidentsvrou van Mosambiek Ampstermyn 11 November 1975 – 19 Oktober 1986 | | President | Samora Machel | Voorafgegaan deur | Geen | Opgevolg deur | Marcelina Chissano | Persoonlike besonderhede Gebore | 17 Oktober 1945 Incadine, Mosambiek | Eggenoot/eggenote | Samora Machel (1975–1986; sy dood) Nelson Mandela (1998–2013; sy dood) | Kind(ers) | Josina Z. Machel & Malengani Machel | Alma mater | Universiteit van Lisbon |
<urn:uuid:a0fe08bb-3862-4002-971b-05c77c6d2326>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Gra%C3%A7a_Machel
2019-07-19T18:45:16Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526337.45/warc/CC-MAIN-20190719182214-20190719204214-00503.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998051
false
Wiskunde Wiskunde word algemeen gedefinieer as die studie van patrone in strukture, verandering en ruimte; meer informeel gestel, kan 'n mens sê dat dit die studie van 'getalle en syfers’ is. Uit die formele oogpunt gesien is dit die ondersoek van aksiomaties gedefinieerde abstrakte strukture deur gebruik te maak van simboliese logika en wiskundige notasie; ander uitgangspunte word in die filosofie van wiskunde bespreek. Wiskunde kan gesien word as 'n eenvoudige uitbreiding van gesproke en geskrewe tale, met 'n uiters presies gedefinieerde woordeskat en taalstruktuur met die doelwit om fisiese en konsepsuele vergelykings te ondersoek. Alhoewel wiskunde self nie gewoonlik beskou word as 'n natuurwetenskap nie, het die spesifieke strukture wat deur wiskundiges ondersoek word dikwels hulle oorsprong in die natuurwetenskappe en meer algemeen in fisika. Wiskundiges definieer en ondersoek egter ook strukture wat suiwer van interne belang tot wiskunde as vakgebied is, omdat die strukture sodoende verkry, 'n verenigde veralgemening vir verskeie vertakkinge kan verskaf of 'n nuttige gereedskap kan wees vir algemene berekeninge. Laastens bestudeer baie wiskundiges gebiede vir suiwer estetiese redes en beskou hulle wiskunde as 'n kunsvorm eerder as 'n praktiese of toegepaste wetenskap. Gauss het na die vak verwys as die `Koningin van die Wetenskappe’. Einstein het opgemerk dat "hoeveel die wette van wiskunde na die werklikheid verwys is onseker, en sover hulle seker is verwys hulle nie na die werklikheid nie". Inhoud Oorsig en geskiedenis van wiskundeWysig Die woord 'wiskunde’ is dieselfde as die Nederlandse woord vir die vak en het sy oorsprong uit die term wisconst (kuns van die gewisse of sekere) wat Simon Stevin in die 17de eeu aan die vakgebied toegeken het. Die hoofvertakkinge van wiskunde het ontstaan uit die behoefte om berekeninge in die handel te doen om landmeting te doen en om sterrekundige gebeure te voorspel. Die studie van struktuur begin met getalle, eerstens met die bekende natuurlike getalle en heelgetalle en hul rekenkundige bewerkings, wat beskryf word in elementêre algebra. Die besondere eienskappe van heelgetalle word bestudeer in getalteorie. Die ondersoek na metodes om vergelykings op te los lei tot die veld van abstrakte algebra, wat onder andere die ring- en liggaamstrukture bestudeer wat die algemene eienskappe van die bekende getalle beskryf. Die fisies belangrike begrip van vektore word veralgemeen na vektorruimtes en bestudeer deur lineêre algebra wat tot die twee vertakkinge van struktuur en ruimte behoort. Die studie van ruimte vind sy oorsprong in meetkunde, eerstens in Euklidiese meetkunde en driehoeksmeting van die bekende driedimensionele ruimte en later dan ook veralgemeen deur nie-Euklidiese meetkunde wat 'n sentrale rol speel in algemene relatiwiteit. Baie ou vraagstukke rondom maatstaf en kompas konstruksie is finaal beantwoord deur Galois se teorie. Die moderne velde van differensiaalmeetkunde en algebrïese meetkunde veralgemeen meetkunde in verskillende rigtings: Differensiaalmeetkunde beklemtoon die begrippe van funksies, veselbondels, afgeleides, gladde funksies en rigting, terwyl algebraïse meetkunde meetkundige voorwerpe beskryf as stelle oplossings vir polinomiaalvergelykings. Groepteorie ondersoek die begrip van simmetrie op 'n abstrakte wyse en verskaf 'n skakel tussen die studies van ruimte en struktuur. Topologie verbind die studie van ruimte en die studie van verandering deur op die begrip van kontinuiteit te fokus. Die verstaan en beskrywing van die verandering in meetbare hoeveelhede is die algemene trant van die natuurwetenskappe, en analise is ontwikkel as nuttige gereedskap om dit te doen. Die sentrale begrip wat gebruik word om 'n veranderende veranderlike te beskryf is die begrip van 'n funksie. Baie probleme lei natuurlik tot verbande tussen 'n hoeveelheid en sy tempo van verandering en die metodes om hierdie probleme op te los word bestudeer in die veld van differensiaalvergelykings. Die getalle wat gebruik word om kontinue hoeveelhede voor te stel is die reële getalle en die gedetailleerde studie van hulle eienskappe en die eienskappe van reëlwaarde funksies staan bekend as reële analise. Vir verskeie redes is dit gerieflik om komplekse getalle te skep en die studie van hierdie getalle word kompleksanalise genoem. Funksionaalanalise fokus op die (tipies beperkte dimensionele) ruimtes van funksies, wat die grondslag vorm van kwantummeganika en vele ander vertakkinge. Baie natuurverskynsels kan beskryf word deur dinamiese stelsels en chaosteorie wat gemoeid is met die feit dat baie van hierdie stelsels onvoorspelbare dog bepaalbare eienskappe vertoon. In 'n poging om die grondslag van wiskunde helder te maak en te ondersoek is die velde van versamelingsleer, wiskundige logika en modelteorie ontwikkel. Toe rekenaars vir die eerste keer bedink is, is verskeie noodsaaklike teoretiese begrippe gevorm deur wiskundiges, wat gelei het tot die velde van berekenbaarheidsteorie, kompleksiteitsteorie, inligtingsteorie en algoritmiese inligtingsteorie. Baie van hierdie vraagstukke word nou ondersoek in teoretiese rekenaarwetenskap. Diskrete wiskunde is die algemene naam vir die vertakkinge van wiskunde wat nuttig is in rekenaarwetenskap. 'n Belangrike veld in toegepaste wiskunde is statistiek wat waarskynlikheidsteorie as hulpmiddel gebruik en maak dit moontlik om verskynsels te beskryf, te analiseer en te voorspel en word deur alle wetenskappe gebruik. Numeriese analise ondersoek die metodes waarmee verskeie wiskundige probleme doeltreffend op rekenaars opgelos kan word en neem afrondingsfoute in ag. Onderwerpe in wiskundeWysig 'n Alfabetiese en onderverdeelde lys van wiskundige onderwerpe is beskikbaar. Die volgende lys van ondervertakkings en onderwerpe is een organisatoriese oorsig van wiskunde. HoeveelhedeWysig Oor die algemeen stel hierdie onderwerpe en idees uitdruklike metings en groottes van getalle of versamelings, of maniere om sulke mates te vind voor. - Getal – Natuurlike getal – Pi – Heelgetalle – Rasionale getalle – Reële getalle – Komplekse getalle – Hiperkomplekse getalle – Kwarternêre – Oktoniese – Sedeniese – Hiperreële getalle – Surreële getalle – Ordinale getalle – kardinale getalle – p-adiese getalle – Heelgetalreekse – Wiskundige konstantes – Syfername – Oneindigheid – Basis – Repeterende breuke VeranderingWysig Hierdie onderwerpe verskaf maniere om verandering in wiskundige funksies en veranderinge tussen getalle te meet. - Rekenkunde – Analise – Vektoranalise – Analise – Differensiaalvergelykings – Dinamiese stelsels en chaosteorie – Lys van funksies StruktuurWysig Hierdie vertakkinge van wiskunde meet die grootte en simmetrie van getalle en verskeie konstruksies. - Abstrakte algebra – Getalteorie – Algebraïse meetkunde – Groepteorie – Monoïde – Analise – Topologie – Lineêre algebra – Grafiekteorie – Universele algebra – Kategorie teorie – Ordeningsteorie RuimteWysig Hierdie onderwerpe neig tot 'n meer visuele aanslag as die ander wiskundige onderwerpe te neem. - Topologie – Meetkunde – Driehoeksmeting – Algebraïse meetkunde – Differensiaalmeetkunde – Differensiaaltopologie – Algebraïse topologie – Lineêre algebra – Fraktaalmeetkunde Diskrete wiskundeWysig Onderwerpe in diskrete wiskunde is gemoeid met die vertakkinge van wiskunde met voorwerpe wat slegs spesifieke, onderskeibare waardes kan aanneem. - Kombinatorika – Naïwe versamelingsteorie – Waarskynlikheid – Teorie van berekenbaarheid – Eindige wiskunde – Kriptografie – Grafiekteorie – Spelteorie – Kriptologie Toegepaste wiskundeWysig Velde in toegepaste wiskunde pas wiskundige kennis op die werklike wêreld toe. Beroemde stellings en vermoedesWysig Hierdie stellings het beide wiskundiges en nie-wiskundiges al geïnteresseer. - Stelling van Pythagoras – Fermat se laaste stelling – Goldbach se vermoede – Tweelingpriem-vermoede – Gödel se onvolledigheidstellings – Poincaré-vermoede – Cantor se diagonaalargument – Vierkleur-stelling – Zorn se lemma – Euler se identiteit – Scholz-vermoede – Church-Turing-veronderstelling Belangrike stellings en vermoedesWysig Hierdie stellings en vermoedes het die voorkoms van wiskunde in die geskiedenis verander. - Riemann-vermoede – Kontinuumvermoede – P=NP – Pythagoras se teorie – Sentrale limiet-stelling – Fundamentele stelling van analise – Fundamentele stelling van algebra – Fundamentele stelling van rekenkunde – Fundamentele stelling van projeksiemeetkunde – klassifikasie stelling van vlakke – Gauss-Bonnet stelling Grondbeginsels en metodesWysig Hierdie onderwerpe behels die benadering to wiskunde en beïnvloed die manier waarop wiskundiges hul vak bestudeer. - Filosofie van Wiskunde – Wiskundige intuïsie – Wiskundige konstruktivisme – Grondbeginsels van Wiskunde – Versamelingsteorie – Simboliese logika – Modelteorie – Kategorieteorie – Logika – Truwaartse Wiskunde – Tabel van wiskundige simbole Geskiedenis en die wêreld van wiskundigesWysig - Geskiedenis van Wiskunde – Wiskundige tydlyn – Wiskundiges – Fields medalje – Abelprys – Millenniumprys probleme – Internasionale Wiskundige Vereniging – Wiskunde kompetisies – Laterale denke – Wiskundige vermoëns en geslagsaangeleenthede Wiskunde en ander vakgebiedeWysig Wiskundige toevallighedeWysig Wiskundige gereedskapWysig Oud: Nuut: AanhalingsWysig Met verwysing tot die aksiomatiese metode, waar sekere eienskappe van 'n (andersins onbekende) struktuur aanvaar word en die gevolge daarvan dan logies afgelei word, het Bertrand Russell gesê: - Wiskunde mag gedefinieer word as die vak waar ons nooit weet waaroor ons praat nie, of weet dat wat ons sê waar is nie. Dit mag verduidelik waarom John Von Neumann eenkeer gesê het: - In wiskunde verstaan jy nie dinge nie. Jy raak net gewoond aan hulle. Oor die skoonheid van Wiskunde het Bertrand Russell in sy Study of Mathematics gesê: - Wiskunde met reg beskou, besit nie net die waarheid nie maar 'n opperste skoonheid \u2013 'n skoonheid koud en hard soos die van 'n beeld, sonder om ag te slaan op ons swakker natuur, sonder die prag van skilder of musiek, dog met verhewe suiwerheid en in staat tot 'n streng volmaaktheid soos slegs die beste kuns kan toon. Die ware gees van blydskap, van vervoering, die gewaarwording van meer te wees as net 'n mens, wat die toetsteen vir die hoogste uitnemendheid is, is te vinde in wiskunde so seker as wat dit in digkuns gevind kan word. Met die toelig van die simmetrie tussen die kreatiewe en logiese aspekte van wiskunde het W.S. Anglin in Mathematics and History opgemerk: - Wiskunde is nie 'n versigtige mars op 'n goed skoongeveegde hoofpad nie, maar 'n reis na 'n vreemde wildernis, waar die ontdekkingsreisigers dikwels verlore raak. Deeglikheid moet vir die historikus 'n sein wees dat die kaarte getrek is en dat die ware ontdekkers elders heen is. Wiskunde is nie ...Wysig Wiskunde is nie numerologie nie. Alhoewel numerologie modulêre rekenkunde gebruik om name en datums af te breek na enkelsyfer getalle, ken numerologie arbitrêre emosies en eienskappe aan getale toe sonder om die toekenning op 'n logiese manier te bewys. Wiskunde is gemoeid met die bewys of weerlegging van idees op 'n logiese manier, en numerologie is nie. Die interaksies tussen die arbitrêr toegewyste emosies van die getalle word op voorgevoel beraam eerder as om dit op 'n nougesette manier te bereken. Wiskunde is nie rekeningkunde nie. Alhoewel rekenkundige bewerkings noodsaaklik is om die werk van 'n rekenmeester te doen, is hulle hoofsaaklik besorgd met die bewys dat die berekeninge waar en korrek gedoen is deur 'n dubbele nagaanstelsel te gebruik. Die bewys of weerlegging van vermoedes is baie belangrik vir wiskundiges, maar nie soseer vir rekenmeesters nie. Vooruitgang in abstrakte wiskunde is van weinig waarde vir rekeningkunde, as die ontdekkings nie toegepas kan word om die doeltreffend van boekhouding te verbeter nie. Wiskunde is nie fisika nie, ten spyte van die aantal historiese en filosofiese verbande tussen die twee vakgebiede. BibliografieWysig - Courant, R. and H. Robbins, What Is Mathematics? (1941); - Davis, Philip J. and Hersh, Reuben, The Mathematical Experience. Birkhäuser, Boston, Mass., 1980. 'n Sagkunse bekendstelling tot die wêreld van wiskunde. - Gullberg, Jan, Mathematics--From the Birth of Numbers. W.W. Norton, 1996. 'n Ensiklopediese oorsig van wiskunde aangebied in duidelik, eenvoudige taal. - Hazewinkel, Michiel (ed.), Encyclopaedia of Mathematics. Kluwer Academic Publishers 2000. 'n Vertaalde en uitgebreide weergawe van 'n Sowjet wiskunde ensiklopedie, in tien (duur) volumes, die volledigste en gesaghebbende werk beskikbaar. Ook in sagteband en op Kompakskyf beskikbaar. - Kline, M., Mathematical Thought from Ancient to Modern Times (1973); Eksterne skakelsWysig Wikimedia Commons bevat media in verband met Wiskunde. | - 'n gespreksforum vir wiskunde, wetenskap, tegnologie en fisika - Rusin, Dave: The Mathematical Atlas. 'n Begeleide toer deur verskeie vertakkings van moderne wiskunde. - 'n Wiskundige tesourus onderhou deur die NRICH projek by die Universiteit van Cambridge (VK), Connecting Mathematics - Weisstein, Eric et al.: MathWorld: World of Mathematics. 'n Aanlyn ensiklopedie van wiskunde wat op klassieke wiskunde fokus. - Planet Math. 'n Aanlyn-ensiklopedie vir die wiskunde in aanbou, met fokus op die moderne wiskunde. Die GFDL word gebruik, wat die uitruil van artikels met Wikipedia moontlik maak. Gebruik die kodetaal TeX. - Stefanov, Alexandre: Textbooks in Mathematics. 'n Lys gratis aanlyn handboeke en klasnotas vir Wiskunde. - Bogomolny, Alexander: Interactive Mathematics Miscellany and Puzzles. 'n Groot versameling artikels oor verskeie wiskundige onderwerpe met meer as 400 daarvan geïllustreer met Java applets. - Mathforge. 'n Nuusbrief met onderwerpe wat wissel van gewilde wiskunde, fisika en rekenaarwetenskap tot opvoeding. - Metamath. 'n Werf en taal wat wiskunde formuleer vanaf sy grondbeginsels.
<urn:uuid:51fca4a0-03e9-4868-9df1-e424ceb3355d>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Wiskunde
2019-07-19T18:42:20Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526337.45/warc/CC-MAIN-20190719182214-20190719204214-00503.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999848
false
Meubelstuk In ander woord, meubels is die versamelnaam vir ál die voorwerpe in 'n huis of gebou wat deur mense gebruik kan word om op te sit, te lê, of om kleiner goed in te stoor, soos linne of koppies. Meubels kan van hout, leer, plastiek, ensovoorts vervaardig word. In die Oudheid, met uitsondering van die tyd van die Romeinse Keiserryk, wat sterk op weelde ingestel was, is daar minder meubels as teenswoordig gebruik. Die meubels was nie juis gemaklik nie; die hedendaagse gemakstoel met sy ingeboude voetstoeltjie en verstelbare kopstuk en ruglening is tipies vir die 20e eeu. Ook in die Middeleeu is min soorte meubelstukke gebruik en hulle was dikwels meerdoelig: dit was byvoorbeeld tegelyk sitplek en bereplek. Die Middeleeuse meubelmaker was anoniem, maar die naam en ander gegewens van talle van sy 18e eeuse beroepsgenote was in die meeste gevalle bekend. Die name van die 19e-eeuse meubelmakers was egter ook onbekend omdat dit 'n tydperk was waarin die ou style bloot herhaal is. Gedurende die 20e eeu het die name van meubelontwerpers weer bekend geword. Aanvanklik het die meubelkuns sy versiering aan die argitektuur ontleen. In die Renaissance het die meubelkuns egter daarvan weggebreek en sy eie vormtaal ontwikkel, wat vanuit Italië deur Europa versprei het. Die sogenaamde patroonboeke (boeke met voorbeelde van meubels), soos die van Hans Vredeman de Vries (1555), het 'n belangrike rol gespeel in die verspreiding van nuwe idees. In die 17e eeu is die toon deur die Franse hof aangegee; die sogenaamde Lodewyk-style is in verskillende Europese lande nagevolg. Daarna is daar ook meer aandag geskenk aan die samehang tussen meubels en die vertrekke waarin dit geplaas is: die mure, plafon, skoorsteen, ensovoorts is in dieselfde styl as die meubels versier. In die 18e eeu was daar 'n sterk voorkeur vir die Chinese en Japanse lakpanele, en gedurende die 19e eeu het die historiese neostyle ontstaan. Die Neo-Gotiek was die eerste en belangrikste verteenwoordiger hiervan. Hierop het 'n periode gevolg van masjiengemaakte meubels, wat aanvanklik so goedkoop moontlik vervaardig is. Hierdie stukke was van swak gehalte en met sinlose sierwerk oorlaai. Na 1880 het daar 'n reaksie teen die massavervaardiging van meubels ontstaan en is daar na eenvoud teruggekeer. Die konstruksie van die meubelstuk is-ook duidelik sigbaar gemaak. Funksionaliteit was die belangrikste maatstaf. Die mode me 20e-eeuse vormgewing is strak en doeltreffend. Kleur speel 'n belangrike rol, terwyl sierwerk in groot mate verdwyn het. Daar word ook steeds hoër eise aan gemak gestel. Veral na die Tweede Wêreldoorlog het die Skandinawiese meubelnywerheid die toon aangegee. Naas hout is van verskillende kunsstowwe gebruik gemaak. Die heersende modes en style in Europa het 'n belangrike rol in meubelgebruik en meubelontwerp in Suid-Afrika gespeel. Gedurende die 17e eeu het veral die Nederlandse en in mindere mate die Duitse en Franse agtergrond van die nedersetters aan die Kaap die deurslag gegee. Na 1800 het die Engelse modes in toenemende mate 'n invloed op die Suid-Afrikaanse meubels gehad, maar daar was tog eienskappe wat die plaaslik vervaardigde meubels tipies Suid-Afrikaans gemaak het. Inhoud - 1 Oudheid tot Renaissance - 2 Renaissance tot 1880 - 3 Van 1880 tot die hede - 4 Suid-Afrika - 5 Tippe Meubels - 6 Sitplek - 7 Slaapplek - 8 Stoorplek - 9 Oppervlaktes - 10 Fotogalery - 11 Eksterne skakels Oudheid tot Renaissance[wysig | wysig bron] Die Ou Egiptenare het min maar kleurryke meubels gebruik; die hout is glad afgewerk en dan beskilder of verguld. Die algemeenste meubelstuk was 'n regop stoeltjie (kruk) op 4 reguit, lang pote, wat soms die vorm van stier- of leeupote gehad het. Die sitting het uit vlegwerk of dun houtlatte bestaan. Die Egiptiese stoel, wat 'n effens skuinsstaande rugleuning gehad het, was heelwat gemakliker. Hierdie stoel se sitting was van geboe planke gemaak en met leer beklee. Die voustoel het in later jare in gebruik gekom. Die bed van Ou Egipte het bestaan uit 'n raamwerk waaroor leer gespan was. Dit het 'n vaste voetstuk gehad en 'n los, geboë kopstuk en soort hout- kopkussing), wat as steun vir die kop gedien het. Kos en klere is gebêre in mandjies en kiste wat, soos al die ander meubels, met ivoor- en ebbehoutinlegwerk versier was of beskilder was om dit so te laat lyk. Die vloere is met riet- of papirusmatte bedek. Die Egiptenare het hierdie matte dikwels gebruik om op te sit of op te slaap. Die mure is met muurskilderinge versier. Grieke[wysig | wysig bron] Benewens hout het die Grieke ook brons in hul meubels gebruik. Hulle het 3 tipes sitmeubels gebruik: die thronos, wat vir plegtige geleenthede gebruik is; die diphros, 'n eenvoudiger stoel sonder 'n rugleuning en met 4 gedraaide pote; en die klismos, wat 'n konkawe rugleuning en geboë pote gehad het. Op die gevlegte sitting was daar gewoonlik 'n kussing. Die klinè of rusbank is dikwels gebruik om op te lê en eet. Die matras het op 'n basis van ineengevlegte koorde gerus. Tydens die maaltyd het daar langs die klinè 'n tafeltjie gestaan, wat na die ete weer onder die bank ingestoot is. Klere, juwele en ander besittings is in kiste gehou. Die kiste was reg hoekig met 'n plat, uitstaande deksel en 4 pote in die vorm van leeukloue. Regopstaande kaste het eers in die Hellenistiese tyd in gebruik gekom. Skottelgoed is nie op rakke of in kiste gebêre nie, maar aan die muur opgehang. Ronde erdewerk-olielampies is vir verligting gebruik. Die vloere was soms met 'n mosaïekvoorstelling bedek. Romeine[wysig | wysig bron] In die Romeinse huis was daar talle beddens en banke, wat van hout, brons en marmer gemaak was. Die meubels, veral die in die eetkamer, was ryklik versier. Die eetkamerstel het bestaan uit 3 banke wat om 'n tafel gestaan het (die Romeine het ook op hul sye gelê en eet). Die vierde kant van die tafel is oopgelaat vir bediening. Die marmer dienstafels was reghoekig. Die sitmeubels is volgens die Griekse patroon gemaak. Namate ingeboude kaste met rakke en hangruimte algemener geword het, is kiste al hoe minder gebruik. Die vloer was met mosaïekpatrone bedek en die mure was met muurskilderinge versier. Die meubels van die vroeë Christelike tyd het min verskil van die Romeinse meubels. Die 6e eeuse troon van Maximianus is in die vorm van 'n Romeinse marmerstoel. Die ivoorpanele van hierdie beroemde troon is versier met snywerk van heiliges, diere en voëls. Romaans (10e tot 12e eeu)[wysig | wysig bron] Die Romaanse meubels was eenvoudig gekonstrueer en is dikwels beskilder. Min meubels is gebruik en elke meubelstuk is gewoonlik vir meer as een doel aangewend. Stoele en banke het byvoorbeeld terselfdertyd ook as bêrekiste gedien. Die sogenaamde saal was die hoofvertrek en dikwels die enigste vertrek. In hierdie vertrek was daar altyd 'n bank en 'n bed met 'n stoel daarby. Klere is in 'n kis of in die bêreplek onder die stoel of bank gehou, of is aan stokke teen die muur opgehang. Die vuurmaakplek was in een van die symure ingebou. Teen die einde van die Middeleeue het die belangrikheid van die saal afgeneem ten gunste van 'n tweede vertrek. Die meubels het toe ook meer gespesialiseerd geraak. Gotiek (12e tot 15e eeu)[wysig | wysig bron] Die meubels van die Gotiek het uit swaar, onversierde raamwerke met ligter, versierde panele tussenin bestaan. Die meubeluitvinding van hierdie tydperk was die paneel, wat houtstroke vervang het. 'n Paneel is ʼn klein stuk hout waarvan veral die rande dun afgewerk en redelik los in 'n raamwerk van regop style en smal horisontale boonste en onderste rugsporte gemonteer was. Hierdie panele het die voordeel gehad dat hulle kon krimp of rek sonder om die hele meubelstuk te laat krom trek, en omdat hulle los gemonteer was, het hulle ook nie gebars nie. Die sogenaamde plooipanele was ʼn tipiese versiering, wat die hout die voorkoms van geplooide of gedrapeerde materiaal gegee het. Versierings is ook aan die argitektuur ontleen, byvoorbeeld die spitsboog en die klawerblaarpatrone. Die destydse tafels het uit 'n los, reghoekige blad op bokke bestaan. Die tafelblaaie was beskilder en is na gebruik teen die muur staangemaak of opgehang. 'n Kliptafel, wat teen die muur kon opklap, is ook gebruik. Die sitkis was 'n kis met leunings wat as sitplek sowel as bêreplek gebruik is. Die buffet, 'n toe kassie op pote waarop voorwerpe soos tinbekers uitgestal is, het in die tyd in gebruik gekom. Dit is veral as bêreplek vir eetgerei gebruik. Benewens die sitkis is die driepootstoel, voetbankie en voustoeltjie ook as sitmeubels gebruik. Die breë bed het 'n belangrike plek in die huis ingeneem. Bo-oor die bed was daar 'n baldakyn (kap) wat met koorde aan die plafon vasgemaak was. Hieraan is daar gordyne gehang wat gedurende die dag teruggebind was. Vir verligting is brons- of smeeysterblakers en kandelare met kerse gebruik. Renaissance tot 1880[wysig | wysig bron] Renaissance[wysig | wysig bron] In die 15e en 16e eeu het daar 'n nuwe meubelstyl ontstaan waarin die klem op die geometriese versiering van die vlak gelê is. Die versiering is gebruik om die vlak en die verhoudings te beklemtoon, in teenstelling met die Gotiese spel met lyne, waar die aandag van die vlak self afgelei is en die vloei van die lyne beklemtoon is. Die nuwe ontwerpe, wat geïnspireer is deur die kuns van Klassieke Rome, het van Italië na die res van Europa versprei. Die verspreiding is in groot mate gestimuleer deur die verskyning van patroonboeke soos die van Hans Vredeman de Vries, wat in 1555 uitgegee is. Motiewe wat baie voorgekom het, was akantranke, kandelaarmotiewe, bandversiering (‘n soort omkrulrand wat gelyk het asof dit uit leer geknip was). groteske (fantastiese mense- en dierefigure wat onderling deur plantaardige motiewe verbind was; die arms van 'n vrouegestalte het byvoorbeeld in 'n blaarpatroon oorgegaan) en hermes (vierhoekige beeldsuil, pyler of pilaster wat na onder smaller word en met borsbeelde bekroon is). Verskeie soorte tafels is gebruik, onder meer die sogenaamde kloostertafel, wat op bokke gerus het en in daardie jare so genoem is omdat hulle nog in klooster eetsale gebruik is terwyl die meeste huishoudings al na ander soorte tafels oorgeskakel het. Die kloostertafels het reeds van hulle Gotiese voorgangers verskil in die sin dat die blad deur middel van gleuf- en penvoeë aan die bokke of systukke geheg was. Toe die skrynwerkers van daardie jare die tegniek wat hulle gebruik het om stoelpote aan die stoelraam vas te heg, op tafels begin toe pas het, het die kolompoottafel, waarvan die blad op 'n raamwerk met pote gemonteer was, in gebruik gekom. Die kolompoot het later tot 'n vaas of bolvorm ontwikkel en so het die bolpoottafelontstaan. In die loop van die 16e eeu het die bank sy funksie as sit- en bêremeubel verloor. Onder invloed van die Franse caquetoire (caqueter beteken "babbel"), 'n stoel met ʼn trapesiumvormige of veelhoekige sitplek op 4 of 6 kolompote, het die stoel met armleuning ontwikkel. Hierdie stoel het 'n reghoekige sitting gehad. Omstreeks 1640 het die kolompoot plek gemaak vir die kronkelpoot, wat op draaibanke uitgedraai is. Die voustoel is omgeskep in ʼn meer permanente meubelstuk waarvan die sitting en die rugstut met leer oorgetrek was. Die rugstut kon in baie gevalle nag verwyder word. Die kante van die voustoel het oop gebly of het parallelle stafies of balkies gehad. Aan die begin van die 17e eeu het leerbekleedsel algemeen voorgekom, maar later is geweefde stowwe ook gebruik. Die kis het uit die woonvertrek verdwyn en is vervang deur regop staankaste met 2 deure. Gedurende die Renaissance is die laai, wat die Ou Egiptenare al gemaak en gebruik het, "herontdek". Baie van hierdie staankaste het uit 2 "verdiepings" bestaan. Tussen die 2 verdiepings was daar soms 'n laai. In sommige gevalle is 2 laaie langs mekaar onder 'n kas ingebou. Kaste het met verloop van tyd al hoe meer laaie gekry, totdat dit later slegs laaie gehad het: die laaikas sander deur het sy verskyning gemaak. Staankaste is op pote of op 'n raamwerk met pote gemonteer. Aan die' binnekant van so 'n kas was daar gewoonlik rakke wat verskuif of uitgehaal kon word. Op grond van die afwerking van die hoekstyle van die kaste kan ʼn aantal "modelle" onderskei word, onder meer kolomkaste, pilasterkaste en die sogenaamde beeldekaste, waarop menslike figure op die hoeke uitgekerf was. Die sogenaamde boogkas het 'n boogvormige reliëf op die deurpanele gehad. Die meeste van die Renaissance-kaste is gekenmerk deur 'n fronton (pediment of kroonstuk) wat voor uitgesteek het (ontleen aan die argitektuur), en massiewe, gedraaide pote. Hulle was die voorlopers van die hedendaagse klerekas. Die kis het naas die staankas en die laaikas egter nooit heeltemal verdwyn nie om-dat dit steeds ʼn nuttige bêremeubel gebly het, veral op skepe. Op die manier het die kis die Kaap bereik, waar dit as meubelstuk 'n unieke rol gespeel het. Die bed het gedurende hierdie tydperk ook verdere ontwikkeling ondergaan, In die eenvoudige huis is die bedstee (‘n ingeboude slaapplek, dikwels in die muur en met deur of gordyne van die res van die vertrek afgesluit) nog gebruik. Die bed van die welgesteldes is teen een of twee mure (in die hoek) geplaas en het deel uitgemaak van die algemene skrynwerk in die vertrek. Teen 1650 is die bed omhul deur groot gordyne en was die houtwerk van die bed nie meer sigbaar nie. Die eerste boekrakke het ook nou hul verskyning gemaak. Namate die private besit van boeke toegeneem het, het die meubelontwerpers hulle ook begin toelê op die vervaardiging van boekrakke. Teen die einde van die 17e eeu was daar al soveel boeke en manuskripte in omloop dat boekrakke en boekkaste met deure ʼn belangrike meubelstuk was. Lodewyk XIV (Barok)[wysig | wysig bron] Die meubelkuns in die hele Wes-Europa het van omstreeks 1700 af sterk onder Franse invloed gestaan. Kuns was onder Lodewyk XIV 'n regeringsaak. In 1663 het die Manufacture Royale de Meubles de la Couronne tot stand gekom. Charles Andre Boulle (1642-1732), wat werkwinkels in die Louvre gekry het, het gespesialiseer in die marqueterie-tegniek. Marqueterie of inlegwerk was op sigself nie heeltemal 'n nuwe tegniek nie en houtsoorte met verskillende kleure is gewoonlik hiervoor gebruik. Boulle het egter daarin geslaag om skilpaddop saam met koper of tin te gebruik. Hierdie tipe marqueterie-meubels is "boulle" genoem. Jean Bérain (1639-1711) was nog 'n ontwerper wat van hierdie tegniek gebruik gemaak het, maar sy inlegwerk was meer simmetries. Parketwerk dateer ook uit min of meer hierdie tydperk. By hierdie tegniek word 'n ontwerp opgebou deur klein, geometries gevormde stukkies hout, byvoorbeeld vierkante, ruite en seshoekies, teen mekaar te voeg. Inleg- sowel as parketwerk sou later aan die Kaap ingang vind. Na die herroeping van die Edik van Nantes (1685) het een van die grootste meubelmakers en argitekte, Daniel Marot, Frankryk verlaat en by Willem III van Oranje in Nederland in diens getree. Toe Willem en sy vrou, Maria Stuart, in 1689 die vorste van Engeland word, is Marot saam en daarna het hy ʼn groot invloed op die Engelse meubelontwerp gehad. In 1703 en 1712 het sy invloedryke patroonboeke met voorbeelde van meubels en binnenshuise versiering verskyn. Kenmerkend vir Marot was sy ornamentele gebruik van geboe bande met lambrekyne (‘n ornament wat soos gedrapeerde doek lyk), festoene en vere. Gedurende die Barok het naas die tafel met die balusterpoot (wat uit die bolpoot ontwikkel het) ook die met die kabrioolpoot gewild geword. In die tweede kwart van die 18e eeu het die kabrioolpoot ʼn gerekte S-vorm met 'n breë knie of knoets aan die bokant gekry. Die verbindingskruis tussen die pote het verdwyn. Tussen die vensters was daar gewoonlik 'n konsoletafeltjie, wat bestaan het uit 'n halfronde blad wat aan die een kant op 'n lys teen die muur en aan die ander kant op twee ryklik versierde S-vormige konsoles gerus het. Die eerste skryftafels met laaie aan weerskante en ruimte vir die bene tussenin het ook aan die einde van die 17e eeu verskyn. Teetafeltjies waarop die tee deur die gasvrou in die teenwoordigheid van haar gaste voorberei is, het ook ʼn algemene meubelstuk in deftiger wonings geword. Net soos die tafelpoot het die stoelpoot ontwikkel tot 'n oorhoeks (skuins ten opsigte van die sitting) geplaaste kabrioolpoot. Tussen die style van die hoë rugleuning was daar 'n gevlegte matwerk-insetsel in die vorm van 'n ovaal of 'n reg hoek. Teen die einde van die 17e eeu het die Barak 'n al hoe duideliker stempel op die ontwikkeling van meubelstyle afgedruk. Dit het nie net die versiering van die meubels beïnvloed nie, maar ook die vorm. Die stoelrug het laer geword, met ronder omtrekke. Die dwarssporte van die rugleuning het effens na agter gebuig om by die vorm van die mens se rug aan te pas. Die sitting het sy hoeke verloor en die omtrek daarvan het ook rondinge vertoon. Kabrioolpote was nog steeds in die mode, maar die spanstukke het verdwyn. Die hoefpoot, wat deur Marot so gewild gemaak is, het ʼn eenvoudiger ontwerp gekry en is kort daarna deur die bekende bal-en-kloupoot (‘n ontwerp uit die Ooste) vervang. 'n Nuwe tipe sitmeubel, die tweesitplekrusbank (settee), het in die tyd sy verskyning gemaak. Dit was 'n breër weergawe van die leunstoel (fauteil) en die syleunings was in sommige gevalle oop en in ander gevalle toe. Die heeltemal gestoffeerde leunstoel wat, afgesien van die pote, geheel en al bedek was, het ook vir die eerste keer sy verskyning gemaak. Sommige kaste het in die stadium uitstaande kussingpanele gekry en is in sommige gevalle ook kussingkaste genoem. Teen die einde van die 18e eeu het die sogenaamde armoire (sierklere kas), 'n tweedeurkas bo-op ʼn laaikas, die funksie van die meeste voorafgaande kaste oorgeneem . Op die gewelfde fronton is porselein uitgestal. Baie van hierdie Barokarmoires het saamgekom Kaap toe, waar hulle mettertyd met plaaslike materiaal nagemaak is. Hulle was in Frankryk en Nederland baie gewild, maar het nooit werklik in Engeland ingang gevind nie. Vollengtekaste sonder laaie, met twee deure, is soms ook armoires genoem. Die staanhorlosie wat dieselfde Barok-versierings as die armoire gedra het, dateer ook uit hierdie periode. Van omstreeks 1600 af is Oosterse lakwerk uit China en Japan ingevoer. Die tegniek het gou gewild geword en Europese vakmanne het dit ook begin toepas, hoewel talle meubels China of Japan toe gestuur is omdat lakwerk van beter gehalte daar gedoen is. 'n Meubelstyl wat sy oorsprong in die Barok gehad het, maar wat lank daarna, tot in die Rococo en selfs gedurende die vroeë jare van die 19e eeu nog gemaak is, was die sogenaamde goudlaagmeubels. Veral gedurende die laat Barok is hierdie meubels gekenmerk deur oordadige houtsneewerk. Die hout is met 'n dun laag gips bedek en daarna verguld. Dit het baie swierig en ryk vertoon, maar weens die aard daarvan en die hoë koste daaraan verbonde was die stoele, sofas, tafels, leunstoele, konsoletafels en spieëlrame (baie selde beddens) wat met hierdie tegniek versier was, baie skaars. Dit is hoofsaaklik vir gebruik in openbare geboue of ontvangsale van paleise vervaardig en is selde in private huise gevind. Die hout, meestal eikehout, maar ook okkerneuthout, is soms geverf en nie verguld nie. Hoewel hierdie soort meubels in die meeste lande van Europa vervaardig is, was dit veral baie gewild in Italië met sy talle onafhanklike state en daarmee gepaardgaande baie paleise. Régence[wysig | wysig bron] Gedurende die regentskap (1715- 1723) van Filips van Orleans was daar 'n oorgang van die oordadig versierde meubels van die Lodewyk XIV-styl na ligter en lugtiger vorme, wat die Régence-styl genoem is. Reguit lyne is sover moontlik vermy en deur vloeiende, geboë lyne vervang. Nuwe versieringsmotiewe, soos drake, fabelagtige diere en vrouekoppe wat met diademe bekroon was, het hul verskyning gemaak. Nicolas Pineau (1684-1 754) was die belangrikste uitvoerder van hierdie styl. Lodewyk XV (Rococo)[wysig | wysig bron] Van omstreeks 1720 is daar steeds meer van geboë lyne gebruik gemaak: veral C- en S-kurwes wat onderling deur 'n skulpmotief verbind is (rocaille = "skulpmotief", waaraan die Rococo sy naam te danke het). Die meubels is versier met ʼn beslag van vergulde brons, wat terselfdertyd die marqueterie beskerm het. Charles Cressent (1685- 1786) was die eerste ontwerper wat hierdie tegniek toegepas het. Die houtwerk is dikwels eers gedeeltelik wit geverf, terwyl die gesnede versierings verguld is. Aangesien vertrekke in die tyd kleiner geword het, het die meubels ook kleiner geword. Gedurende hierdie tyd het die voorste sport van die stoelsitting in die middel effens na onder gebuig en die verbindingskruis tussen die gestrekte S-vormige bokpote het verdwyn. Na omstreeks 1730 is die stut van die armleunings van stoele verder agtertoe geplaas vir die gerief van vroue, aangesien wye rokke in die tyd hoog in die mode was. Die oopwerk-rugleuning (die openinge was daar ter versiering) wat in daardie jare in Nederland baie gewild was, het nie in Frankryk voorgekom nie. Waar bekleedsel nodig was, is damas, fluweel en tapisserie, veral uit Beauvais afkomstig en deur Boucher en Oudry ontwerp, gebruik. Die kabinet, wat ook die kuifkas genoem is na aanleiding van die kuifagtige middebekroning, het gewild gebly. Een van die kleiner bêremeubels wat dikwels voorgekom het, was ʼn laaikas met 'n gewelfde voorkant, oorhoeks geplaaste pote en ʼn marmerblad. Dit was versier met marqueterie, gelakte panele en porseleinplaatjies afkomstig uit die fabriek by Sèvres, wat kort na 1760 geopen is. Boulle en Cressent het die sogenaamde bureau-plat, 'n groot, langwerpige skryftafel of buro met laaie aan die kante, ontwerp. Hieruit het die rolluik lessenaar met ʼn kwartronde deksel wat oor die skryfblad getrek kon word, ontwikkel. Beddens is destyds met die lang kant teen die muur geplaas. Die sogenaamde lit à polonaise het ʼn ovaalvormige hemel of kap gehad wat gerus het op kolomme wat self half pad oorgegaan het in na binne gebuigde stange. Die kandelare en kershouers is van vergulde hout of brons gemaak en met skulpmotiewe versier. In Engeland is daar baie van houtsneewerk in plaas van bronsbeslag gebruik gemaak. Die ontwerpboek van Thomas Chippendale (ca. 1718-1779), Gentleman and cabinet-maker's director (1754), wat Chinese sowel as Gotiese tendense bevat het, het 'n groot invloed op die meubelontwerp in Engeland gehad. Chippendale se meubels kan as ʼn ware voorbeeld van die Engelse Rococo beskou word. In styl was hulle nugterder as die vrolike, ligte Franse Rococo. Variasies in Chippendale se styl, veral in die Gotiese en Chinese tendens, het meer ware Rococo-kenmerke gehad. 'n Tipiese Chippendale-stoel se rugleuning was laer, met 'n gegolfde boonste rugsport. Op die breë, middelste ruglat is dekoratiewe patrone uitgekerf. Die sitting het reguit kante gehad, met 'n los, gestoffeerde deel wat in die raam gepas het. Die voorpote was kaprioolpote met bal-en -klouvoete. Die agterpote was reguit en het naby die voet effens agtertoe gebuig. Sommige kenners meen dat die Franse en Engelse Rococo, ondanks die feit dat dit dikwels sterk verskil het, teen 1750 in albei lande die hoogtepunt van meubelontwerpkuns verteenwoordig het. Lodewyk XVI (Neo-Klassisisme)[wysig | wysig bron] Onder invloed van die opgrawings by Pompeii en Herculaneum het die belangstelling in die klassieke vorme in omstreeks 1750 sterk opgeleef, ook wat meubelontwerp betref het. Die meubelstyl van hierdie tyd, die sogenaamde Lodewyk XVI-styl. was hoekig en simmetries. Die versiering (byvoorbeeld akant- en lourierblare, vase en sierkranse) het hierdie vorme beklemtoon. In hierdie tyd het die penanttafel, wat nie meer op konsoles nie maar op 2 of 4 pote gerus het, die plek van die konsoletafel tussen 2 vensters ingeneem. Stoelpote het kannelures (groewe) gekry, terwyl rosette aangebring is op die plekke waar die pote en die sitraam bymekaargekom het. Die rugleuning was ovaalvormig, reghoekig of trapesiumvormig en het 'n strak, eenvoudige raamwerk gehad. Die kabinet het reghoekiger geword en het diagonaal geplaaste hoekstyle gehad. Die panele was dikwels versier met 'n motief in die vorm van 'n medaljon wat aan ʼn strik gehang het. 'n Nuwe bêremeubel, die aanregtafel of -bank (dresser), het op die toneel verskyn. Dit het 'n opklapbare boblad met 'n tinbak daaronder vir opwaswerk gehad. In Engeland het die Neo-Klassisistiese styl reeds vroeg posgevat en Robert Adam (1728-1792) en Thomas Sheraton (1751 - 1806) het die toon aangegee. Hulle vorme was strakker en soberder as die Franse Lodewyk XVI-styl. Sheraton se meubelpatroonboek het baie klassieke detail bevat, maar sy ontwerpe was nie so suiwer klassiek so os die van Robert Adam en sy broer nie. Empire[wysig | wysig bron] Tydens die keisertyd van Napoleon (1799- 1815) het die buitelyne van meubels nog strenger en soberder geword. Naas Griekse en Romeinse motiewe is Egiptiese motiewe, onder meer sfinkse en papirusblare, ook gebruik. Bronsbeslag is as ‘n aparte versiering op die meubels aangebring. Gedurende die Empire-styl is die vertrekke yl gemeubileer. 'n Kenmerk van hierdie styl was die ronde tafels wat op een middelpoot gerus het, wat op sy beurt 'n driehoekige voetstuk of 3 pote sonder tussenverbindings gehad het. Die 3 hoeke van die voetstuk is dikwels met metaal-Ieeupote afgerond en die blad van die tafel is soms met leer oorgetrek. Die stoelpote was vierkantig en die agterste pote het effens na buite uitgestaan. 'n Baie merkwaardige stoel uit hierdie tyd is die sogenaamde chaise gondole of gondelstoel. Die geboë systyle van die rugraam het van die voorkant van die sitraam af gestrek. Boekrakke en boekkaste het op steeds groter skaal in gebruik gekom. As hulle uit 2 dele opgebou was, het die deure van die bokas glaspanele gehad, waaragter daar soms nog gordyne gehang het. Die reghoekige secretaire (skryftatel of buro) het 'n afslaanskryfblad met enkele laaie of 'n kassie daaronder gehad. Meubels is van veral mahoniehout gemaak. In Frankryk het verskillende tipes bed dens ontwikkel. Die kopstuk en voetenent het dikwels aan 'n boot herinner. Bo die bed het 'n ovaalvormige of 'n ronde hemel of kap van die plafon af gehang. Aan die kap het swaar gordyne om die bed gehang. Vergulde kroonkandelare van brons wat met kristalkettings versier was, is vir verligting gebruik. In Engeland is die Empire-styl, verwarrend genoeg, Regency-styl genoem na die prins regent, wat later koning George IV geword het (om dit nie te verwar met die Régence-styl van Filip van Orleans 75 jaar vroeër nie). Die spitsgedraaide poot vir byna alle meubels was in Engeland baie gewild. Anders as die Franse het die Engelse nie so fanaties geprobeer om die Ou Grieke, Romeine en Egiptenare na te boots nie. Terwyl die Franse meubelmakers gepoog het om ʼn Griekse of Romeinse voorkoms te gee aan meubelstukke wat gedurende die Antieke Tyd nooit bestaan het nie, was meubel ontwerpers in Engeland tevrede met die vaas of kruik as versiering. Biedermeier-styl[wysig | wysig bron] Nadat Napoleon in 1815 verslaan is. het die Franse invloed op die meubelontwerpkuns van Europa tydelik sterk afgeneem. Byna alle lande was verarm deur die talle oorloë en meubels van eenvoudiger aard, met minder pretensie en met die oog op gerief eerder as vertoon, is vervaardig. In Duitsland is hierdie styl die Biedermeier genoem. Ligte satynhout was die gewildste houtsoort en die belangrikste versiering was ʼn strook inlegwerk van donker ebbehout om die rand van meubelstukke. Esdoringhout is ook soms gebruik en toe satynhout begin skaars raak, is daar teruggeval op okkerneut- en rooshout. Bronsbeslag is net af en toe gebruik. Die vertrekke het steeds voller geword en die meubels gemoedeliker. Dit het 'n gesellige atmosfeer geskep, maar aan die ander kant vertrekke oorvol en beknop gemaak. In Engeland is hierdie styl in sommige kringe "Willem V" genoem en in ander Vroeg-Victoriaans. Die Biedermeier het sy hoogtepunt teen ongeveer 1835 in dele van Oostenryk en Suid-Duitsland bereik. Tussentydperk[wysig | wysig bron] Gedurende die res van die 19e eeu het ontwerpers weer hul inspirasie in historiese style gesoek. Die Neo-Gotiek, die Neo-Barok. die Neo-Rococo en die Neo-Renaissance het kort op mekaar gevolg. Vertrekke het steeds voller geword en benewens die meubels is plante, voëlhokkies, vuurskerms, kunsvoorwerpe en allerlei ornamentjies al hoe meer in huise gebruik, veral in die woonvertrekke. Die bekleding van pluche, wolffluweel of borduurwerk is gewoonlik met 'n fraiing afgewerk. 'n Nuwe sitmeubel, die sogenaamde crapaud, 'n leunstoel wat geheel en al gestoffeer was, het in omstreeks 1850 in gebruik begin kom. Om die bekleedsel te beskerm teen die makassarolie wat mans vir hulle hare gebruik het, is die rug- en soms ook die armleunings met 'n klein stoelkleedjie of antimakassar beskerm. In Wenen het Michael Thonet (1796-1871) 'n metode ontwikkel om berkehout te buig. Van die geboë hout het hy eenvoudige, onversierde stoele gemaak wat verrassend modern gelyk het. In hul oudste vorm het die sitting uit rottangmatte bestaan. Later is die rottang deur laaghout vervang. Hoewel daar verwarring bestaan oor presies waar hierdie meubels vir die eerste keer gemaak is, word hulle vandag Weense meubels, maar meer dikwels booghoutmeubels, genoem. Baie van hierdie booghoutmeubels het ook Suid-Afrika bereik. Die Industriële Revolusie het ook die meubelbedryf geraak. Vanaf 1840 tot ongeveer 1880 het ʼn tydperk van massavervaardiging van meubels in fabrieke aangebreek, toe daar eerder aan kwantiteit as aan kwaliteit aandag geskenk is. Die style was nabootsings van vroeëre, bekende style en daar kan selfs van 'n Industrieel-Gotiese styl gepraat word. Hierdie meubels is aanvanklik uit goedkoper dennehout vervaardig, die versierings is afsonderlik uitgesny en aan die meubelstukke vasgeplak en die hele meubelstuk is donker gebeits. Uit ʼn kunsoogpunt gesien, was hierdie hele nabootsingsproses ʼn mislukking en het die masjienproduk nie die eenvoud of waardigheid van die Gotiese ot Middeleeuse voorbeeld gehad nie. Meubelstyle het in die 40 jaar gedurig verander, na gelang van die grootte van die huise en die grootte van die kamers waarin die meubels geplaas moes word. Vir die eerste keer is daar ook die sogenaamde stelle vervaardig. Eetkamerstelle het dikwels bestaan uit stoele sonder armleunings, 2 bypassende stoele met armleunings en 'n eettafel met swaar pote wat deur 'n spanraamwerk verbind was. Die eettafel kon met behulp van los blaaie vergroot of verklein word. Volledige, massavervaardigde slaapkamerstelle en sitkamerstelle waarvan al die onderdele, versierings en toebehore in dieselfde styl op draaibanke uitgedraai is, was hoog in die mode. Meubelontwerp gedurende hierdie tyd was egter selde goed. Kurwes het dikwels gebots of is nooit tot hul natuurlike eindpunt deurgevoer nie. Hout is oor die algemeen so swaar gebeits of gepolitoer dat die houtsoort moeilik herkenbaar was. Van 1880 tot die hede[wysig | wysig bron] Teen die einde van die 19e eeu was daar 'n reaksie op die nabootsing van historiese style en die masjienvervaardigde meubels van swak gehalte met hul oordadige, outydse versierings. Die Brit William Morris (1834-1896) is deur die eenvoud van die Middeleeue geïnspireer en was een van die eerste ontwerpers wat sy aandag nie net op die meubels van welgesteldes toegespits het nie, maar ook op die eenvoudige, sterk tradisionele, plattelandse meubels. Onder invloed hiervan het hy op ʼn "Middeleeuse" manier, dit wit se met die hand in plaas van met masjiene, stoele met rietmatte as sittings vervaardig. Van ale kante in die meubelbedryf het daar pogings gekom om weer eenvoudige meubels te maak, maar die ontwerpers het nooit heeltemal daarin geslaag om kommersialisme uit te skakel nie. Meubels is veral weer uit eikehout vervaardig en fabrikante het die hout met ammoniak-dampe gerook om dit antiek te laat lyk. As gevolg van hierdie verouderingstegniek het daar heelwat 16e-eeuse vervalsings op die mark verskyn; die stukke is in omstreeks 1900 vervaardig en baie gaan vandag nog as egte antieke stukke deur. Morris en ander se ideale is egter voortgesit deur die Arts and Crafts Movement, wat op sy beurt die Art Nouveau-beweging beïnvloed het. Tegelykertyd het William Godwin (1833-1886) meubels gemaak wat deur Japanse meubels geïnspireer was. Die Japanse kuns en ontwerpe het in daardie tyd 'n belangrike invloed op die kunstenaars en vakmanne van Europa uitgeoefen. Meubels van die Art Nouveau is veral in België deur lang, geboë lyne oorheers. Die swaar Ekspressionistiese meubels van ontwerpers soos Hilde Krop (1884- 1970) het soms gelyk as of dit uit klei gevorm is. Die Eerste Wêreldoorlog het vermeubels sobering gebring. Meubels het reguit lyne gekry en dekoratiewe detail het feitlik verdwyn. Daar is ook minder van swaar beitse gebruik gemaak. Die meubelontwerp van die Nederlandse groep De Stijl was onder meer 'n reaksie op die swaar meubels van vroeër. Die argitek Gerrit Rietveld (1888-1964), wat tot die groep behoort het, het abstrakte, geometriese vorme in rooi, blou en geel gebruik, soos byvoorbeeld die beroemde veelkleurig geverfde houtstoel wat hy in 1917 ontwerp het. Hy het die ontwerp so eenvoudig moontlik gemaak, sodat hierdie meubels op groot skaal vervaardig en die prys laag gehou kon word en dit tot baie mense se beskikking kon wees. Die idees van die Bauhaus, waar Marcel Breuer (geb. 1902) stoele van staalbuis ontwerp het, stem ooreen met die van De Stijl. Sy gewildste ontwerp was die elastiese buisstoel sonder agterpote wat ʼn rug kant en sitting van matwerk gehad het (1928). Hierdie meubels met hul verchroomde staalbuise het 'n duidelik sigbare konstruksie. Die staalbuismeubels het 'n tyd lank in onbruik geraak en is toe nog net as kantoormeubels gebruik. Sedert die jare sewentig het dit egter weer ʼn opbloei beleef. Die Amerikaner Frank Lloyd Wright (1869- 1959) het die idee van 'n "integrale ontwerp" aangehang, dit wil sê hy wou hê die argitek moes die meubels as onderdeel van die huis ontwerp, soos byvoorbeeld die veelhoekige meubels in die beroemde Hanna House in Kalifornië (1937), wat by onder meer die patrone van die vloere aangesluit het. In Skandinawië is daar veral met hout gewerk. Alwar Alto (geb. 1898) het in 1932 'n stoel ontwerp waarvan een geboê stuk hout die sitting sowel as die rugleuning gevorm het. Na die Tweede Wêreldoorlog het Charles Eames (geb. 1907) en Eero Saarinen (1910-1961) die eksperimente met die moontlikhede van geboë hout voortgesit. Hulle ontwerpe is later in kunsvesel uitgevoer. Kort na 1945 het goedkoper rottangmeubels steeds meer in swang gekom. Die binnenshuise versiering van die 20e eeu het steeds doeltreffender geword en lig en ruimte het beplande faktore geword. Te veel lig en te veel ruimte het egter in die sewentigerjare in veral Europa ʼn verlange na die geselligheid van "ouma se tyd" laat toeneem. Vertrekke het weer propvol meubels geword. Ou en antieke meubels het sterk in aanvraag geraak, en talle ou gebruiksvoorwerpe is dekoratief aangewend. Suid-Afrika[wysig | wysig bron] In Suid-Afrika moet daar, soos in die meeste lande ter wêreld, 'n onderskeid gemaak word tussen die modemeubel en die sogenaamde nutsmeubel. Die nutsmeubel is meer dikwels in die huise van burgerlikes, en veral op die platteland, aangetref, terwyl die modemeubel al vroeg sy verskyning gemaak het in Kaapstad, die Kompanjiegeboue en in herehuise op die omliggende landgoedere, tot selfs by Stellenbosch en Franschhoek. Europese invloed[wysig | wysig bron] Die heersende modes en style in Europa het ʼn belangrike rol in die meubelgebruik en die meubelontwerp aan die Kaap gespeel. Aanvanklik is die meeste belangrike stukke waarskynlik ingevoer, terwyl noodsaaklike nutsmeubels hier te lande vervaardig is uit hout wat plaaslik beskikbaar was. Gedurende die 17e eeu het veral die Nederlandse, en in mindere mate die Duitse en Franse, agtergrond van die nedersetters aan die Kaap die deurslag in meubelsmaak en meubelmakery gegee. Na 1800 het die Engelse modes in steeds toenemende mate 'n invloed op plaaslike meubelstyle gehad, maar daar was tog duidelike eienskappe wat die meubels tipies Suid-Afrikaans gemaak het. In Suid-Afrikaanse meubels onderskei kenners 4 meubelgroepe, naamlik bêre-, werk-, slaap- en sitmeubels. Stoele is die meeste gebruik, hulle het die vinnigste geslyt en moes eerste vervang word. Van die 3 groepe het sitmeubels dus die beste aanduiding gegee van die mode of stylverloop van meubels in 'n bepaalde tyd. Kaste, tafels en beddens het dus baie langer staties gebly in 'n huishouding. Om hierdie rede word die studie van meubelstyle in Suid-Afrika dikwels aan die hand van stoele gedoen. Daar was aanvanklik verskillende faktore wat die voorkoms van meubels wat aan die Kaap vervaardig is, beïnvloed het. Daaronder het getel die plaaslike vakmanskap, die materiaal wat beskikbaar was, die doel waarvoor die meubelstuk gemaak is en die heersende mode in die moederlande. Omdat kommunikasie in daardie vroeë jare so stadig en swak was, moet daar altyd rekening gehou word met die feit dat modes en style aan die Kaap meestal 10 tot 15 jaar agter die van Europa was. Die merendeel van die aanvanklike nedersetters het hoofsaaklik uit Nederland gekom en daarom het die eerste modemeubels die swaar, bonkige versierings gehad van die Barok, wat in daardie jare in Nederland nog in volle swang was. Die vorm van die meubels is gekenmerk deur swaar, stewige, soliede strukture. Baluster-, kurktrekkergedraaide of bal-en-kloupote was in gebruik, met H-, kruis- of reghoekige spanstukke (verbindings) tussen die pote. Die versiering van die meubels was hoofsaaklik profilering aan die deure en frontons van kaste en aan tafel blaaie. In Europa is hierdie modestukke hoofsaaklik van Europese dennehout en eikehout vervaardig en net enkele spogstukke, waarvan ook ʼn aantal na die Kaap gekom het, was van ingevoerde houtsoorte soos ebbe, koromandel en palisander uit die Ooste gemaak. Meubels van Burmese kiaat was ook redelik algemeen. Benewens hierdie aanvanklik swaar Barokmeubels het die meubelmakers aan die Kaap ook nog 'n ander voorbeeld gehad om na te volg, naamlik die van die Europese plattelandse meubels. Hierdie plattelandse meubels het reeds die voorafgaande 200 tot 300 jaar dieselfde stylkenmerke getoon en is nie beïnvloed deur byvoorbeeld die prominente Barok-versierings nie. Die ontwerp het eenvoudige, skoon lyne gehad en 'n onderskeidende kenmerk was die feit dat hulle altyd uit materiaal wat regstreeks uit die omgewing beskikbaar was, vervaardig is. Voorbeelde van hierdie meubels het ook aan die Kaap aangekom en het 'n besliste invloed op die meubelontwerp uitgeoefen. Dorpsmeubels en pioniersmeubels[wysig | wysig bron] Daar kan vandag in Suid-Afrika ʼn baie definitiewe onderskeid gemaak word tussen die sogenaamde dorps en stadsmeubels wat nie noodwendig almal modestukke was nie, en die vroeë plaasmeubels, wat dikwels ook pioniersmeubels genoem word. Die dorpsmeubels het dikwels beter vakmanskap vertoon en was bale groter en luukser en nie so maklik vervoerbaar nie soos die plattelandse meubels, waarvan die ontwerp en versiering baie eenvoudiger was en wat meer op maklike verpakking en vervoer ingestel was. Die plattelandse meubels was dikwels die maaksel van die eienaar self, wat natuurlik nie noodwendig 'n geskoolde vakman was nie. Die plaasmeubels is deurgaans, soos in Europa, van hout gemaak wat in die onmiddellike omgewing voorgekom het (byvoorbeeld geelhout), terwyl dorpsmeubels eerder van spesiale en ingevoerde hout, of ten minste van hout uit 'n ander landstreek (stinkhout, mahonie) in Suid-Afrika, gemaak is. Volgens hierdie twee vaarbeelde, aanvanklik die Barok en die min of meer tydelose plattelandse meubels, het skrynwerkers en kabinetmakers aan die Kaap gewerk. 'n Opvallende kenmerk van die Suid-Afrikaans vervaardigde meubels is dat hulle oor die algemeen baie stewiger en eenvoudiger as die meeste van hul Europese tyd- en stylgenote was. Hoewel dieselfde besondere houtsoorte uit die Ooste ook na die Kaap ingevoer is, het geelhout en stinkhout 'n belangrike rol gespeel. Inlegwerk (marqueterie) in die vorm van veelpuntige sterre uit ebbe en ivoor of uit ebbe en geelhout was in veral die vroeë Kaapse meubels gewild. Fineerwerk (die gebruik om 'n dun lagie van 'n besonderse hout oor goedkoper soliede hout te plak), wat tydens die Barok baie gebruik is, het ook by sommige Kaapse meubelmakers ingang gevind. In Suid-Afrika is die swaar Barok ook spoedig vervang deur die meer speelse versierings van die Rococo. Die Franse Hugenote aan die Kaap was waarskynlik van die eerste meubelmakers wat met hierdie ligter, speelse styl geëksperimenteer het. Hulle het veral gevind dat die plaaslike geel- en stinkhout hulle goed tot die fyner houtsneewerk leen, en natuurmotiewe soos diere en veral gekerfde krulle in die vorm van 'n skulp het op die plaaslike meubels begin verskyn. Hoewel die kerfwerk ligter en uitbundiger as die versierings van die Barok was, het dit die tipiese Europese kenmerk gehad dat dit asimmetries was. Die houtsoorte wat vir modemeubels gebruik is, was ligter. Die stugheid van die Barok het begin verdwyn en daar was minder verbindings tussen die pote van tafels en stoele. Kabrioolpote (bokpoote) was baie gewild, die rug leunings van stoele was gerond en die armleunings is aangepas om ruimte te laat vir die vrolike, wye rompe wat ook aan die Kaap hoog mode was Die herleefde belangstelling in die Griekse en Romeinse kultuur het geleidelik, veral in Frankryk, aanleiding gegee tot 'n hele nuwe kunsrigting wat nie' net die argitektuur, die skilderkuns en die beeldhoukuns geraak het nie, maar ook die meubelstyle. Teen die tagtigerjare van die 18e eeu, toe ʼn Franse garnisoen hom aan die Kaap gevestig het om die Nederlanders te help om die Kaap teen moontlike aanvalle deur die Britte te beskerm, het die Neo-Klassisisme 'n belangrike stylrigting op byna alle gebiede, ook op die van die argitektuur en die meubelbedryf, aan die Kaap geword. Die nuwe styl het onmiddellik merkbaar geword in tafel- en stoelpote, wat 'n afgespitste vorm gekry het en soms met inlegwerk versier is. Die sitplekke van stoele het reguit kante gekry en 'n oopwerkruglat tussen die boonste en die onderste rugsport het baie gewild geword. Die frontons van kaste is ook reg uit getrek. Die styl het veral met die eerste Britse besetting van die Kaap (1795) behoorlik posgevat. Die tweede Britse oorname (1806) sou ʼn groot invloed op die meubelkuns aan die Kaap hê. 'n Hele paar dinge het tegelyk gebeur. Die invoer van eksotiese houtsoorte uit die Ooste is gestaak. Net kiaat is nog ingevoer, maar dit is vir timmerwerk, en nie vir meubels nie, gebruik. Heelwat meubels is uit Engeland ingevoer. Aanvanklik was dit bale duur, maar namate daar op groter skaal ingevoer is, het die pryse gedaal en kon meer mense in Kaapstad en omgewing dit bekostig. Vir 'n tydperk van byna 70 jaar is daar so te sê feitlik geen aandag aan modemeubels in die Kaapse meubelbedryf bestee nie. Die ingevoerde stukke, dikwels van swak gehalte, het die oorhand gehad. Opbloei van die dorps - en pioniersmeubels[wysig | wysig bron] Die ingevoerde produkte het om verskillende redes nie die plattelandse distrikte bereik nie. Die boere was dikwels te arm om dit te bekostig en daar was ook nog geen behoorlike paaie om die vervoer van hierdie meubelstukke prakties te maak nie. Die enigste oplossing was die plaaslike vervaardiging van (Kaapse) meubels in die plattelandse distrikte, en met verloop van byna drie generasies het daar ʼn besondere eie Kaapse styl ontwikkel. 'n Magdom van hierdie meubels is gemaak, want die vraag na meubels het saam met die vinnige groei van die bevolking gestyg. Voorbeelde van hierdie meubels bestaan vandag nog en die stukke bevestig dat Europese style en patroonboeke wat vryelik aan die Kaap beskikbaar was, wel 'n rol gespeel het. Op die verste grense van die Kolonie het daar ook meubels ontstaan wat deur die trekboere en veeboere self gemaak is. Hierdie pioniersmeubels toon weinig invloed van enige heersende styl, maar hul besondere eenvoud het aan hulle 'n skoonheid besorg wat hulle vandag uiters gesog maak. Meubelstukke wat in Europa en in Kaapstad lank al in gebruik was, soos die verskillende hangkaste en laaikaste, het vir hierdie mense weinig betekenis gehad. Die kis sou nog lank die belangrikste bêremeubel bly. Dit is in die pioniershuisies en op die ossewaens waarmee hulle getrek het, gebruik. Die pioniersbeddens het opvoubare pote gehad en die raam het ook netjies agter in die wa gepas. Opklaptafels en voustoele het ʼn belangrike rol gespeel. Terwyl die dorpsmeubels nag soms met satyn, brokaat, fluweel en leer gestoffeer is of rottangvlegwerk gehad het, is leerriempies vir die sittings van pioniersmeubels gebruik. Daar bestaan baie min in ligting oor Suid-Afrikaanse meubelmakers en eers in 1981 is begin om ʼn opname van Kaapse meubelmakers te maak. Plaaslik vervaardigde Kaapse meubels uit verskillende houtsoorte, maar veral geel- en stinkhout, is vandag gesogte versamelstukke en gedurende die sewentigerjare het dit so hoog mode geword dat dit lonend was om namaaksels te vervaardig uit die beperkte stinkhout- en geelhoutvoorrade van vandag. 20e eeu[wysig | wysig bron] Na die Anglo-Boereoorlog het die meubelbedryf en die meubelontwerp in Suid-Afrika baie die patroon van die in Engeland en Europa gevolg. Art Nouveau, wat laat in die 19e eeu ontstaan het, het as kunsvorm 'n vroeë dood gesterf, maar in die meubelontwerp in Suid-Afrika was dit selfs van 1915 tot 1920 nog in die versiering van meubels merkbaar. Die kenmerkende, eenvoudig gestileerde tulp, ander blomme en blaarrank op die deure van hangkaste, op stoelleunings en op die panele van beddens se style het lank 'n bekende ontwerp gebly. Skandinawiese ontwerpe het in die vyftiger- en sestigerjare 'n sterk invloed gehad en daar is vandag waarskynlik nie meer van 'n werklik Suid-Afrikaanse meubelstyl sprake nie. Tippe Meubels[wysig | wysig bron] Lys van tippe meubels: Sitplek[wysig | wysig bron] Slaapplek[wysig | wysig bron] Stoorplek[wysig | wysig bron] Oppervlaktes[wysig | wysig bron] Fotogalery[wysig | wysig bron] Eksterne skakels[wysig | wysig bron] - Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0908409591, volume 18, bl. 183
<urn:uuid:29a43b60-0f55-49f7-be77-893cd5726767>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Meubelstuk
2019-07-22T08:30:27Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527828.69/warc/CC-MAIN-20190722072309-20190722094309-00263.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999977
false
Bespreking:DAX Jump to navigation Jump to search Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die DAX-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. | Artikelriglyne Daaglikse bladtrekke | |
<urn:uuid:40a00cea-5f97-447f-a97a-23978bf53e47>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:DAX
2019-07-19T19:18:40Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526337.45/warc/CC-MAIN-20190719182214-20190719204214-00527.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999992
false
Teotihuacán Teotihuacán (Nahuatl: Tēotīhuacān, ; Spaans: Teotihuacán, [teotiwa'kan], ) is 'n voormalige stad in die Meksikaanse deelstaat México. Die huidige ruïnes is naby die stad San Juan Teotihuacán met 'n bevolking van sowat 45 000 en sowat 45 km in die noordooste van die hoofstad Meksikostad geleë. Voor-Spaanse stad Teotihuacán* | | ---|---| Unesco-wêrelderfenisgebied | | Die Son-piramide en die "straat van die dooies" in Teotihuacán soos gesien vanaf die Maan-piramide | | Ligging van Teotihuacán in Meksiko Koördinate: Koördinate: | | Lande | Meksiko | Tipe | Kultuur | Kriteria | I, II, III, IV, VI | Verwysings | 414 | Streek† | Noord-Amerika | Inskripsiegeskiedenis | | Inskripsie | 1987 (11de Sessie) | * Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn. † Streek soos deur Unesco geklassifiseer. | Die stadsgebied was reeds sedert die sesde eeu voor Christus blywend gevestig. Tussen 100 en 650 n.C. was Teotihuacán die oorheersende kulturele, ekonomiese en militêre sentrum van Meso-Amerika. Op die hoogtepunt van sy ontwikkeling het die stad vermoedelik 'n bevolking van tussen 100 000 en 200 000 gehad en was dus in sy tyd by verre die grootste stad in die Amerikas en een van die grootste stede in die wêreld.[1] Van ongeveer 650 het sy invloed begin afneem, totdat die stad omstreeks 750 heeltemal verlaat is, maar die kulturele invloede het tot die Spaanse verowering van Meksiko voortgehou. Die Asteke, wat die ruïne in die Hoogland van Mexiko reeds as verlate plek gevind het, het dit as mitiese plek beskou en Tēotīhuacān genoem, wat beteken waar 'n mens 'n god word.[2] Die stad word sedert die tyd van die aankoms van die eerste Spanjaarde bestudeer, maar professionele opgrawings vind egter eers sedert ongeveer 1900 plaas. Die afwesigheid van 'n skriftelike nalatenskappe belemmer die navorsing in geen geringe mate, en baie resultate kan slegs deur middel van die interpretasie van die bevindinge verkry word. Vir baie jare is vermoed dat Teotihuacán deur Tolteke gestig is, omdat sommige tekste uit die koloniale tydperk soos die Florentine Codex dié terrein aan Tolteke toeskryf. Die Nahuatl-woord "Toltek" verwys egter algemeen na 'n "vakman van die hoogste vlak" en mag nie altyd na die Tolteekse beskawing van Tula in die hedendaagse Hidalgo verwys nie. Omdat die Tolteekse beskawing eeue na Teotihuacán floreer het, kon die mense nie die stad gestig het nie. 'n Groot invloed van die vroeë Teotihuacán-beskawing op die latere Tolteke is egter waarskynlik. VerwysingsWysig - ( ) "Teotihuacan". Heilbrunn Timeline of Art History. Department of Arts of Africa, Oceania, and the Americas, The Metropolitan Museum of Art. - ( John Bierhorst:A Nahuatl – English dictionary and concordance to the Cantares mexicanos with an analytic transcription and grammatical notes Stanford, Stanford University Press 1985. ) ISBN 0-8047-1183-6 - ( ) "Estadística de Visitantes". INAH. Besoek op 25 Maart 2018. Verdere leesstofWysig - ( Berrin, Kathleen; Esther Pasztory (1993). Teotihuacan: Art from the City of the Gods. New York: Thames and Hudson. ) ISBN 0-500-23653-4. OCLC 28423003. - ( Cowgill, George (1997). “ ) State and Society at Teotihuacan, Mexico” (PDF aanlyn-reproduksie). Annual Review of Anthropology 26 (1): 129–161. doi:10.1146/annurev.anthro.26.1.129. - ( Millon, René (1993). "The Place Where Time Began: An Archaeologist's Interpretation of What Happened in Teotihuacan History". In Berrin, Kathleen; Esther Pasztory. Teotihuacan: Art from the City of the Gods. New York: Thames and Hudson. pp. 16–43. ) ISBN 0-500-23653-4. OCLC 28423003. - ( Sugiyama, Saburo (2003). Governance and Polity at Classic Teotihuacan; in Julia Ann Hendon, Rosemary A. Joyce, "Mesoamerican archaeology". Wiley-Blackwell. ) Eksterne skakelsWysig - Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Teotihuacán. - ( Toerisme-inligting oor ) Teotihuacán op Wikivoyage - ( ) "Teotihuacán". Encyclopædia Britannica. Besoek op 6 Oktober 2018. Geskiedenis van Meksiko | |||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
<urn:uuid:e0d9752b-1899-45c6-8444-e1893db20a22>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Teotihuac%C3%A1n
2019-07-22T08:22:35Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527828.69/warc/CC-MAIN-20190722072309-20190722094309-00287.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998705
false
versão On-line ISSN 2219-8237 versão impressa ISSN 0258-2279 Literator vol.39 no.1 Mafikeng 2018 http://dx.doi.org/10.4102/lit.v39i1.1497 BOOK REVIEW Joanette van der Merwe Private, South Africa Book Title: Oorlog en terpentyn: Uit Nederlands vertaal deur Daniel Hugo Author: Stefan Hertmans ISBN: 978-1-4853-0610-8 Publisher: Protea Boekhuis, 2016, R275* *Book price at time of review Urbain Martien - die diep gelowige Katolieke seun van 'n skilder, self 'n soldaat en kunstenaar - het in die laat negentiende eeu in armoede in Gent, België, grootgeword. In 1914 breek die Eerste Wêreldoorlog uit en die 23-jarige Urbain bevind homself in die voorste linies van die geveg. In sy laaste lewensjare teken Urbain sy herinnerings op en laat dit na aan sy kleinseun, die bekroonde Vlaamse skrywer Stefan Hertmans. Dertig jaar later verskyn Oorlog en terpentyn onder Hertmans se naam - deels biografie, deels roman, deels geskiedskrywing, deels besinning oor die aard van kuns, geheue, geskiedenis en oorlog. Die boek is in drie dele verdeel: die eerste handel oor Urbain se kinderjare voor die oorlog; die tweede blyk 'n eerstehandse verslag te wees van Urbain se oorlogservarings; en die derde deel bevat sy lewe ná die oorlog tot en met sy dood. Terwyl Hertmans self in die eerste en derde dele geesdriftig saampraat en sy eie herinnerings aan sy oupa, sowel as sy navorsingsproses gedurende die skryf van die boek neerpen, lê die krag - en myns insiens die belang - van hierdie werk in die middelste gedeelte. Urbain se oorlogservarings word treffend en glashelder aangebied, en die ongeromantiseerde blik op die gruwelike realiteite van die slagvelde sluit aan by klassieke oorlogverslae soos Robert Graves se Goodbye to all that. Geskryf vanuit die oogpunt van 'n Belgiese soldaat, wat boonop as Vlaming eerstehandse ervaring gehad het van die vooroordeel van die hoofsaaklik Waalse offisiere, lewer hierdie verslag 'n belangrike bydrae tot die argief van eerstepersoonsvertellings van die Eerste Wêreldoorlog. Laasgenoemde word tans nog grootliks deur Britse en Amerikaanse narratiewe oorheers. As kunstenaar is Urbain se blik helder en vlymskerp, sprekend van die gawe om die wêreld - in sy skoonheid sowel as afgryslikheid en die soms paradoksale aanwesigheid van beide - ánders te sien. Hy skets die gebeure en die landskap van die slagvelde in evokatiewe en beeldryke taal soos wanneer hy beskryf hoe 'n massa diere deur die rivier swem, vlugtend voor die vloedwater wanneer die sluise oopgemaak word in 'n poging om die vyand se opmars te stuit: '… 'n [O]nwêreldse leër. Hul gevoelige snoete trek tallose driehoeke in die gladde, swart oppervlak' (bl. 204); '[s]oos vermomde engele van die oordeelsdag verdwyn die deurweekte spookgedaantes weer buite sig, al springend oor die moddervlakte wat in die grou oggendlig swart glinster' (bl. 205). Die eerste en derde deel van die boek is waar Hertmans se stem die luidste klink. Hy verweef die verhaal van sy oupa se kinderjare met bepeinsings oor die aard van kuns en literêre arbeid, sowel as insigte omtrent geheue, voorstelling, en kunstenaarskap. Dit is ook in hierdie gedeeltes waar die skrywer se selftwyfel omtrent sy seggenskap oor sy oupa se verhaal - en die groter narratief van die geskiedenis - plek-plek op die voorgrond gestel word. Dit kom voor asof hierdie skryfprojek 'n poging is om Hertmans se eie teenstrydige gevoelens te besweer, en die redes wat hy gee waarom hy sy oupa se memoires gepubliseer het (en so lank geneem het om dit te doen ná sy oupa se dood) is soms té verdedigend en selfgerig. Alhoewel dit deel van Hertmans se projek is om die gekonstrueerdheid van geskiedenis en geheue te ondersoek, om die lae van uitdrukking en interpretasie rondom die 'waarheid' te deurgrond, is dit asof die skrywer homself hier tussen die leser en die verhaal plaas. Daar is ook plekke waar dit voel asof die skrywer sommige gebeure óórinterpreteer, byvoorbeeld wanneer hy die woord Cilense! in sy oupa se dagboek lees en in hierdie skryffout Urbain se ma se naam - Céline - lees: ''n [g]limps van die eensaamheid, die onderdrukte heimwee, die kreet na sy moeder' (bl. 143). In ander gevalle wissel die narratief skielik en skryf Hertmans asof vanuit die oogpunt van Urbain se vader (bl. 88) en moeder (bl. 128-129). In 'n geval van skynbare kunstenaarsvryheid ken hy emosies en intieme gedagtes aan sy groot-grootouers toe, wat in die konteks van 'n gedenkskrif vervreemdend werk deur twyfel te wek oor hoeveel van die ander 'herinneringe' dalk ook wensdenkery van Hertmans is. Die Afrikaanse vertaling deur Daniel Hugo is soepel en lees lekker; dit behou 'n sekere ritme van die oorspronklike Nederlands. Oorlog en terpentyn bevat waardevolle inligting vir 'n leser met 'n belangstelling in die Eerste Wêreldoorlog en die daaglikse bestaan in Gent rondom die draai van die vorige eeu. Die boek toon ook heelwat insig in Hertmans se eie lewe en denke, en kan vir aanhangers van hierdie skrywer interessant wees. Dit voel wel soms asof die raamwerk van Urbain se herinnerings nie heeltemal voldoende is om Hertmans se persoonlike besinnings te dra nie, en die boek slinger effens lomp tussen sy twee pole van oorlog en terpentyn - nie heeltemal genoeg van 'n roman om die artistieke vryheid te vergoeilik nie, en nie heeltemal genoeg van 'n gedenkskrif om die gebrek aan 'n sterker verhaallyn te verskoon nie. Correspondence: Joanette van der Merwe firstname.lastname@example.org
<urn:uuid:7037ffef-a607-40cc-b7d2-5b07e8aedfcf>
CC-MAIN-2019-30
http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2219-82372018000100019&lng=pt&nrm=iso&tlng=af
2019-07-17T08:34:10Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525133.20/warc/CC-MAIN-20190717081450-20190717103450-00231.warc.gz
by
4.0
a_tag
false
false
{ "abbr": [ "by", "by" ], "in_footer": [ false, false ], "in_head": [ false, false ], "location": [ "a_tag", "a_tag" ], "version": [ "4.0", "4.0" ] }
false
false
Latn
afr
1.000003
false
Michael Halliday Michael Alexander Kirkwood Halliday (dikwels ook genoem M.A.K. Halliday) (gebore 13 April 1925; oorlede op 15 April 2018) was 'n Australiese taalkundige. Hy het 'n model van grammatika, die sistemiese funksionele grammatika, ontwikkel wat wêreldwyd belangrik geword het. Hierdie model is nie net op Engels van toepassing nie, maar ook op meeste ander tale, soos die Indo-Europese groep. Michael Halliday | | Michael Halliday in 2015 Geboortenaam | Michael Alexander Kirkwood Halliday | ---|---| Gebore | 13 April 1925 Leeds, Yorkshire, Engeland | Oorlede | 15 April 2018 (op 93) Sydney, Nieu-Suid-Wallis, Australië | Blyplek | Australië | Nasionaliteit | Verenigde Koninkryk | Vakgebied | Taalkunde | Bekend vir | Sistemiese funksionele taalkunde | Beïnvloed deur | Vilém Mathesius (Prague school) Wang Li, J.R. Firth, Benjamin Lee Whorf | Invloed op | Ruqaiya Hasan, C.M.I.M. Matthiessen, J.R. Martin, Norman Fairclough | Inhoud BiografieWysig Halliday is gebore en word groot in Engeland. Hy verkry 'n BA Honneurs in Moderne Chinese Taal en Letterkunde (Mandaryns) by die Universiteit van Londen. Hy spandeer die volgende drie jaar in China, en met sy terugkoms verkry hy sy doktersgraad by die Universiteit van Cambridge in Chinese Linguistiek. Hy skakel oor na die veld van linguistiek, en in 1961 publiseer hy sy teorie oor sistemiese funksionele grammatika, gebou op die vroeëre werk van sy Britse mentor J. R. Firth en 'n groep Europese linguiste van die vroeë twintigste eeu, bekend as die Praagskool. In 1965 word hy professor in Linguistiek by die Universiteit van Londen. In 1976 verhuis hy na Australië vir 'n professoraatskap in Linguistiek by die Universiteit van Sydney, en hy bly in hierdie pos aan tot met sy aftrede. Hy verkry 'n emeritus professoraatskap by beide die Universiteit van Sydney en die Macquarie-universiteit. Hy is 'n besoekende professor in die Fakulteit van Opvoedkunde by die Universiteit van Hongkong. InvloedsfeerWysig Benewens linguistiek beïnvloed hy ook die studierigtings van visuele en multimodale kommunikasie. Hy word beskou as die stigter van die studieveld sosiale semiotiek. Hy werk in verskeie areas van taalstudie, beide in die teorie en toepassing daarvan. Hy beywer hom veral om die begrippe omtrent die basiese beginsels van taal toe te pas op die teorie en praktyk van opvoedkunde. In 1990 lewer hy 'n lesing in Saloniki waarmee hy een van die pioniers word in die nuwe studieveld van eko-kritiese diskoersontleding. Die Halliday-funksies van taalWysig In 1975 identifiseer en benoem Halliday die sewe funksies wat taal bied aan kinders in die vroeë kinderjare. Kinders word gemotiveer om taal aan te leer omdat die aanleer sekere doelwitte vir hulle bedien. Die eerste vier help kinders om fisiese, emosionele en sosiale behoeftes te bevredig. - Instrumenteel: Die kind gebruik taal om sy of haar behoeftes uit te druk (byvoorbeeld 'Ta sappie') - Regulerend: Die kind gebruik taal om andere te gebied (byvoorbeeld 'Gaan weg') - Interaksioneel: Die kind gebruik taal om verhoudings te vorm (byvoorbeeld 'Lief jou mamma') - Persoonlik: Die kind gebruik taal om gevoelens, idees en selfidentiteit uit te druk (byvoorbeeld 'Ek soet kind') Die laaste drie funksies help die kind om met sy of haar omgewing oor die weg te kom. - Heuristies: Die kind gebruik taal om vinnig kennis omtrent die omgewing te verkry (byvoorbeeld 'Wat maak trekker?') - Verbeeldingsryk: Die kind gebruik taal om 'n denkbeeldige samelewing te skep. - Verteenwoordigend: Die kind gebruik taal om feite en inligting weer te gee. BronWysig - Losweg vertaal vanaf die Engelse Wikipedia, by Michael Halliday. - Verdere bronne - Gardiner, Alan: A level study guide, English Language. - Halliday, M.A.K. Explorations in the Functions of Language. London: Edward Arnold, 1973. - Halliday, M.A.K., and C.M.I.M. Matthiessen. An Introduction to Functional Grammar. Derde uitgawe. London: Arnold, 2004.
<urn:uuid:f11977a8-bcb9-42bd-99eb-13378f6769a7>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Michael_Halliday
2019-07-19T18:44:23Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526337.45/warc/CC-MAIN-20190719182214-20190719204214-00551.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99993
false
Murasaki Murasaki verwys na beide 'n karakter in die boek Genji Monogatari (Die verhaal van Genji), en die skrywer van die boek, Murasaki Shikibu. Beide name is skuilname – die ware name is onbekend. Volgens hofgedrag in die Heiaanse tydperk (794 tot 1185) was dit onaanvaarbaar om mense op hulle eie naam (of selfs familienaam) aan te spreek. Dus is die ware naam van die skrywer onbekend; en Murasaki kom van die karakter wat sy geskep het, en Shikibu van haar vader se amptelike rang. Dit is merkwaardig dat, alhoewel sy die Sjinese skrif redelik magtig was (ongewoon in 'n dame), sy, soos ander dames in die destydse Japannese skrif gebruik het om Genji Monogatari in te skryf. Hierdie boek kan tereg beskou word as die eerste ware roman. Murasaki Shikibu is in ongeveer 978 gebore, waarkynlik in die hoofstad van daardie tyd, Kyoto. Sy was van edele afkoms, die dogter van 'n provinsiale goewerneur – hy was waarskynlik uit 'n tak van die grootse Fujiwara familiegroep. Sy was 'n hofdame van die keiserin Shoshi, 'n dogter van die magtige Fujiwara Michinaga. Murasaki was ook 'n tydgenoot en letterkundige mededinger van Sei Shōnagon, 'n ander skryfster. In die skryf van Die verhaal van Genji het Murasaki Shikibu, volgens die gewoonte van haar rang en tyd, haar karakters nie by name geïdentifiseer nie, maar, in die geval van mans, volgens rang en titel en, in die geval van vrouens, volgens rang en titel van manlike familielede, of na die naam van hulle woonplekke. Byvoorbeeld word Murasaki in die boek dikwels "Die dame van die Wes-vleuel" genoem. So, vir alle praktiese doeleindes was haar naam Murasaki, wat weer tot die skrywer se bynaam gelei het. Die boek se held, Genji, improviseer 'n gedig in vooruitsig op sy eerste ontmoeting met die meisietjie wat later die heldin, Murasaki, van die boek sou word, wat min of meer so vertaal: "Hoe graag pluk ek, en maak ek my eie, die wilde plantjie ontspring vanuit die wortel gedeel met die murasaki. Murasaki (紫?) is die Japannese woord vir pers, die kleur. Ander vertalings gebruik ook lila (lavender), soos deur Edward Seidensticker in sy English weergawe van die Genji Monogatari; violet; en violet-wortel, wat Liefde en Getrouheid in die Japannese digkuns aandui. In Genji se gedig verwys hy na die "wilde plantjie" se wortel waaruit 'n pers kleurstof verkry word. Dis weer 'n verwysing na die kleur van die bloureën (Wisteria)(fuji op Japannees). Hierdeur verwys hy na 'n ander belangrike karakter in die boek, Fujitsubo. Hy was erg verlief op haar vroeg in die boek, en sy is klein Murasaki se tante. Een van die belangrikste name in die Japannese letterkunde is dus ontleen uit die ooreenkomste, en woordspelings, tussen twee kleure! (Hierdie artikel is oorspronklik aangepas vanuit die Engelse Wikipedia)
<urn:uuid:2ac21add-713d-4061-a9ad-3df70114f600>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Murasaki
2019-07-22T08:06:06Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527828.69/warc/CC-MAIN-20190722072309-20190722094309-00311.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999999
false
Sappi Sappi | | Tipe | Openbare maatskappy | ---|---| Gestig | 1936 | Hoofkantoor | Johannesburg, Gauteng, Suid-Afrika | Sleutelpersone | Stephen (Steve) Robert Binnie (hoof uitvoerende beampte) Glen Thomas Pearce (hoof finansiële beampte) | Produkte | papier, pulp | Werknemers | 12 800 | Webwerf | sappi.com | Sappi is die algemene naam vir "South African Pulp and Paper Industries", 'n maatskappy wat papier, pulp en chemiese neweprodukte vervaardig. Die maatskappy is in 1936 in Suid-Afrika gestig en sy hoofkantoor is in Johannesburg. Hulle het aanvanklik begin met die vervaardiging van papier uit die strooi van mielies en koring en het later houtpulp gebruik. Sappi het onder andere fabrieke in Springs, Kaapstad, Ngodwana, Umkomaas en aan die Tugelarivier. Hulle het ook fabrieke in Noord-Amerika, Europa en Asië. Bron[wysig | wysig bron] Eksterne skakels[wysig | wysig bron] Wikimedia Commons bevat media in verband met SAPPI. |
<urn:uuid:c8df0a8c-c302-49c1-9c09-e47b8ece74f0>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Sappi
2019-07-22T08:04:43Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527828.69/warc/CC-MAIN-20190722072309-20190722094309-00311.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999417
false
Kategorie:Liedartikels sonder liedskrywers Hierdie is 'n versteekte kategorie Dit kategoriseer bladsye vir administratiewe doeleindes. Dit vorm nie deel van die ensiklopedie nie. | This category is for articles about songs where the article is missing the songwriters, because it has not been researched, noted in the relevant article, or available in a reliable source. If the songwriter is never likely to be known (e.g. for historical works), please use Category:Songwriter unknown. Hierdie kategorie bevat geen bladsye of media nie.
<urn:uuid:867056e9-8cc8-4831-b6ce-21aa7ec9a479>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Liedartikels_sonder_liedskrywers?from=Vl
2019-07-23T14:12:02Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529406.97/warc/CC-MAIN-20190723130306-20190723152306-00471.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.909397
false
Kategorie:Wikipedians with alternative accounts Jump to navigation Jump to search Hierdie is 'n versteekte kategorie Dit kategoriseer bladsye vir administratiewe doeleindes. Dit vorm nie deel van die ensiklopedie nie. |
<urn:uuid:906d043f-a7ce-4242-990a-d05f716da12f>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Wikipedians_with_alternative_accounts
2019-07-16T04:51:53Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524502.23/warc/CC-MAIN-20190716035206-20190716061206-00095.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.997807
false
versão On-line ISSN 2219-8237 versão impressa ISSN 0258-2279 Literator vol.39 no.1 Mafikeng 2018 http://dx.doi.org/10.4102/lit.v39i1.1427 ORIGINAL RESEARCH The politics of the human-dog relationship in Op 'n dag, 'n hond by John Miles Adéle Nel School of Languages, Faculty of Humanities, North-West University, Vaal Campus, South Africa ABSTRACT This article investigates the way in which the human-dog relationship is presented in the novel Op 'n dag, 'n hond by John Miles. The premise of this article is that the novel can be read within the theoretical framework of Posthumanism, in which the embodied communalities of humans and animals (dogs) are emphasised. Despite the differences between the human and nonhuman animal, it is possible to constitute relationality, based on their shared physical mortality. The investigation will focus on the visual paradigm of the novel: the reciprocal view between dog and human, human and dog, which contradicts anthropocentricism and establishes an intersubjective relationship. The dog as guide embodies a moral agent that causes the teacher to look downward, into the underworld, as well as backward to the past. This, in turn, foregrounds the issues of loyalty and betrayal, and the balance between good and evil in a human life. Inleiding Die titel sowel as die voorblad van John Miles se jongste roman, Op 'n dag, 'n hond (2016), stel die hond as karakter onomwonde op die voorgrond. Aan die begin van elke onderafdeling van die roman is daar boonop 'n afdruk van 'n skildery van die Nederlandse sjamaanskilder,1 Imelda Almqvist. Hierdie skildery van 'n hond wat 'n weegskaal vashou, is getiteld 'The weighing of the Heart Ceremony'. Miles se aksentuering van die hond en die weegskaal deur middel van die herhaalde visuele teks betrek by implikasie die dood as gegewe in die roman en bring terselfdertyd die hond met die dood in verband. Ingebed in die titel is voorts ook die eksplisiete verwysing na tyd: op 'n dag, 'n frase wat dui 'op 'n dag in die toekoms of in die verlede wat nie te bepaal is nie' (HAT 2005). Hierdie onbepaaldheid sluit aan by die opvallende rol wat die noodlot of die toeval in die verhaal speel. In 'n onderhoud met Meyer (2017) wys Miles self daarop dat toeval in hierdie roman in so 'n mate beklemtoon word dat 'n mens van 'n roman van die toeval kan praat. Boonop is die vier onderafdelings van die roman getiteld: 'Aand', 'Oggend', 'Hond' en 'Vroeër of later'. Op hierdie wyse word die aandag op die temporele verhoudings in die roman gevestig: spesifieke tydsaanduidings, die sikliese gang van lewe, maar ook die spanning tussen die hede en die verlede. Die uitgewer beskryf die roman as ''n besinning oor die vervlietendheid van die menslike bestaan en die onontkombaarheid van die dood'. Op 'n dag, 'n hond is verhaalmatig met die verband tussen die mens, die hond en die dood gemoeid, asook die gewig van die verlede. My uitgangspunt is dat die roman binne die breë teoretiese raamwerk van die Posthumanisme gelees kan word, sowel as 'n teoretiese besinning van relasionaliteit. Posthumanisme sein nuwe maniere van dink oor die mens se plek in die heelal en in die besonder die mens se verhouding met die verskillende spesies op die planeet. Denkers in die veld van Posthumanisme sowel as mens-dierestudies (MDS) is dit eens dat die skeiding tussen die mens en die dier binne 'n antroposentriese denke opgehef is, en dat dit nodig is om op nuwe en innoverende wyses die verhouding tussen 'ons' en 'hulle' te verken - vergelyk onder andere Simmons en Armstrong (2007), Tylor en Rossini (2009), en Taylor (2011). Die roman spreek ook van 'n verhoogde sin van verbondenheid tussen die self (die mens) en die Ander (die hond). Hierdie hernude belangstelling in die verhouding tussen die mens en die dier noop gevolglik ook 'n ondersoek na die verskillende maniere waarop die verhouding, mens-en-dier, in die letterkunde in die algemeen, maar spesifiek in die Afrikaanse letterkunde manifesteer.2 My doelstelling is dus ook om aan te toon hoe die letterkunde3 op 'n eiesoortige wyse bydra om 'n ryker en komplekser idee van die kontekste en vraagstukke met betrekking tot die Posthumanisme te kommunikeer. In hierdie artikel beoog ek om ondersoek in te stel na die eiesoortige wyse waarop die mens-hondverhouding in die roman aan bod gestel word, met ander woorde die spesifiek literêre voorstelling van die mens-dierverhouding, en om die implikasies van hierdie verbintenis vir die protagonis (die mens) te verken. In die ondersoek sal ook aandag geskenk word aan die rol wat die visuele in die roman speel: die blik van die hond op die mens én die van die mens op die hond, die afkyk in die onderwêreld, sowel as die terugkyk na die verlede. Die rol van die hond as begeleier, gekoppel aan die tydsproblematiek, word voorts ook aan die orde gestel. Honde Daar duik in die verloop van die verhaal verskeie honde op om op 'n direkte of 'n indirekte wyse aan bepaalde verhoudings tussen die mens en die hond gekoppel te word, veral aan die begrippe van lojaliteit en verraad, getrouheid en ontrou, goed en kwaad. Miles stel sommige honde as karakters op 'n aweregse wyse aan bod deur naamgewing.4 Die hond wat op 'n dag sy opwagting in die klaskamer van die protagonis, die naamlose onderwyser, maak na die vorige nag se storm, word deur middel van sy naamplaatjie as Bluf geïdentifiseer. Bluf is 'n woord waaraan die betekenis van 'grootpratery, snoewery, deur grootpratery 'n misleidende indruk gee' (HAT 2005) gekoppel word. Hierdie hond doen sy naam gestand, want hy skep van meet af die indruk dat hy in beheer is; dat hy grootdoenerig is ten spyte van sy uitgelewerde omstandighede in 'n vreemde stad. Skoert is die buurman op Oubaai se korthaar-patryshond wat 'n besondere toegeneentheid vir die onderwyser het, en die inisiatief neem om 'n band met hom te smee en om tyd in sy geselskap te verwyl. Hierdie hond is terselfdertyd 'n herinnering aan die gelukkiger tye van 'n meer onlangse verlede. Die onderwyser se dogter, Helena, ontvang op sesjarige ouderdom haar eerste hond wat sy Mymer noem, omdat hy 'myne' is. Helena is aan die hond verknog, maar uiteindelik word Mymer die beliggaming van verlies wanneer sy die hond moet agterlaat om saam met haar ma Griekeland toe te verhuis. Toe Helena terugkeer om eerder by haar pa te woon, het die hond egter spoorloos verdwyn. Die kind is ontroosbaar, maar die implikasie is tog dat die mens die hond se liefde en trou versaak het. Insgelyks is die hond se verdwyning 'n skakel na die verlede én die toekoms, maar bowenal 'n simboliese teken van verlies: 'Só is sy nuwe lewe ingelui. Mymer se wegraak was die afskop. 'n Lewe waar jy voortdurend rekening moet hou met verlies. 'n Hond se wegloop was die teken' (Miles 2016:209). In die loop van die verhaal verwys die onderwyser by twee geleenthede na die getrouheid van Odysseus se plaashond, Argus, wat oud, brandsiek en verwaarloos is in die 20 jaar wat Odysseus op reis was. Ten spyte van die feit dat hy by sy tuiskoms vermom was, het Argus sy baas onmiddellik herken en kon hy sy blydskap nie verbloem nie. In teenstelling met die lojaliteit en trou van die hond teenoor die mens is daar egter ook die naamlose hond, na wie daar slegs terloops verwys word, teenoor wie die onderwyser verraad pleeg - 'n verraad wat gelees kan word as dié van die mens teenoor die dier, maar ook by implikasie teenoor homself as hy sy liefde vir die hond versaak. Die minnares wat hy agterlaat, verwoord dit soos volg: 'Wat haar egter stom gelaat het, het sy geskryf, was om te hoor dat hy op die laaste dag die hond waarvoor hy so lief was, weggeneem het om uitgesit te word' (Miles 2016:234). Die hond wat die skaal vashou wat reeds met die visuele teks op die voorgrond gestel is, word uiteindelik 'n buite-literêre leitmotief in die verhaal. Daar is ook direkte verwysings in die roman na hierdie seremonie. Vergelyk die volgende: Van iewers onthou die onderwyser van die hond wat 'n weegskaal vashou, die skaal waarop die mensehart geweeg word; ligter as 'n veer moet dit wees, anders word daardie mensesiel vernietig. Uit die vergeteryk klink dit op, van jare gelede, die hond wat die skaal in die lug hou. (Miles 2016:173) Hierdie hond en die gepaardgaande seremonie word met die onderwyser in verband gebring, want ook sy lewe word in die loop van die verhaal 'geweeg' sodat sy lot uiteindelik bepaal kan word. Volgens die antieke Egiptenare dui hierdie seremonie op die oordeel van Osiris, die god van die dood en die hiernamaals. Anubis is volgens oorlewering die 'bewaker van die skale', en hy word meestal as 'n swarthaarwolf of wolfhond voorgestel. In latere mites is hy ook as die begeleier van individue voorgestel - individue wat oor die drempel vanaf die wêreld van die lewendes na die plek van lewe ná die dood beweeg. Hy is verantwoordelik om die 'hart' van die siel op 'n goue skaal te plaas om geweeg te word teenoor die wit veer van Ma'at, die veer wat simbolies die beginsel van waarheid, orde en geregtigheid verteenwoordig. Indien die hart van die siel ligter as die veer was, is die siel toegelaat om die geseënde land (die sogenaamde 'Veld van riete') binne te gaan. Indien die hart egter swaarder weeg, is dit in die saal van waarheid gegooi waar dit deur die ondier Ammit opgevreet is, en die individuele siel gevolglik opgehou het om te bestaan. Vir die antieke Egiptenare was daar geen letterlike hel nie, maar hulle 'lot erger as die dood' was die 'niebestaan' (Ions 1982:82-83, 126-139; Mark 2012). Posthumanisme en relasionaliteit: 'n Teoretiese verkenning Volgens Ferrando (2013:26) het die term posthumaan ('posthuman') in die hedendaagse akademiese diskoers 'n sleutelbegrip geword om die noodsaaklikheid van 'n integrale herdefinisie vir die begrip, die mens, te omskryf na aanleiding van die onto-epistomologiese, sowel as wetenskaplike en biotegnologiese ontwikkelings van die twintigste en een-en-twintigste eeue. As sambreelterm sluit posthumanistiese teoretisering verskillende én ooreenstemmende denkwyses in. Fishel (2017:50) maak die geldige stelling dat die posthumane op grond van die konseptuele kompleksiteit daarvan gedefinieer word. Ook McDonald en Mitchell (2017:1) beklemtoon die verskeidenheid (én die gevolglike produktiewe spanning) van interpretasies, konseptualiserings en argumente wat tot die bestaande debatte bydraes lewer. Dit val nie binne die reikwydte van hierdie artikel om 'n volledige uiteensetting5 van ooreenkomste en verskille in opvattings te verskaf nie. Enkele aspekte wat vir die lees van Op 'n dag, 'n hond relevant is, word wel kortliks uitgelig. Rosi Braidotti (2013:49; [sien ook Veronese 2016:99]) definieer die krities posthumane subjek wat binne 'n ekofilosofie van veelvuldige tuishoort, as 'n relasionele subjek gekonstitueer in en deur menigvuldigheid, dit wil sê 'n subjek wat oor verskille heen werksaam is en wat ook in eie kring differensieer, maar steeds gegrond en aanspreeklik is. Posthumane subjektiwiteit is nomadies en dit gee uitdrukking aan 'n beliggaamde en vasgelegde, en gevolglik 'n gedeelde vorm van aanspreeklikheid, gebaseer op 'n sterk sin van kollektiwiteit, relasionaliteit en gevolglike gemeenskapsbou. Westerse denke oor niemenslike diere is sedert die vroeë tye (veral sedert die Humanisme) hiërargies en antroposentries - dit plaas naamlik die mens in die sentrum van die heelal (Woodward 2008:6). Gevolglik is die niemenslike dier as die tradisionele Ander van die mens beskou. Braidotti (Veronese 2016:99) beklemtoon 'n posthumane etiek wat op 'n verhoogde sin van verbondenheid tussen die self en die Ander gebaseer is; insluitend die niemenslike of aardse Ander, deur die verwydering van die struikelblok van selfgesentreerde individualisme. Indien die antropos6 as die kern uitgedaag word, word 'n aantal grense tussen die mens ('man') en sy Ander afgebreek. Dit open in 'n golwende effek talle ander nuwe en opwindende perspektiewe, en bied dan die moontlikheid van verbintenisse met 'n veelvoud van die Ander.7 Vir Braidotti (2013:79) is die punt met betrekking tot posthumane verbondenheid om die interverwantskap tussen die mens en die dier as konstitutief van die identiteit van beide te sien. Dit is 'n transformatiewe of simbiotiese verwantskap wat hibridiseer en die 'natuur' van elkeen verander sodat die tussengrond van hulle interaksie op die voorgrond gestel word. Braidotti se opvattings bevestig dus relasionaliteit. Vir die leser van die literêre teks (ongeag die genre) is hierdie interaksie, hierdie bevestiging van relasionaliteit van belang omdat dit bydra om te verstaan hoe dit ook op ons eie lewens betrekking kan hê. Kortom, dit gaan hier dus oor die verband tussen letterkunde en die lewe. In haar skrywe oor dierestudies as postantroposentriese praktyk lê Pick (2011:4-5) veral klem op die rol wat die liggaam in die tradisionele dualisme tussen die mens en die dier gespeel het. Die dier is bloot as 'n lewende liggaam gesien - materieel, tydelik en weerloos - terwyl die mens as verhewe geag is as gevolg van sy denke, taal en siel. Daar was dus spesifiek van spesisisme sprake. Pick (2011:6) is verder van mening dat die liggaam steeds 'n rol in 'n postantroposentriese blik op diere speel, maar daar word nou eerder daarop gelet hoedat opvattings ten opsigte van beliggaming - die materiële, die anonieme, die natuurlike - 'n kragtige teenmiddel vir antroposentrisme bied. Beliggaming is vir 'n ander soort etiek en estetika verantwoordelik: een waarin mense 'minder menslik' word en diere in oënskynlik eksklusiewe menslike begrippe van subjektiwiteit ingesluit word. Nayar (2014:5) gebruik selfs die term humanimal(s).8 Serenella Iovino (2016:13) beklemtoon egter dat die denkpatrone van die Posthumanisme nie die mens totaal ontluister nie, maar eerder die dogma van menslike uitsonderlikheid verwerp - 'n uitsonderlikheid wat met verskillende vorms van beheer verband hou, insluitende gender, spesies en materie. Cary Wolfe gaan van die veronderstelling uit dat die mens nóg uitgesonder, nóg verwerp word waar die vraagstuk rondom Posthumanisme oordink word. Hy (Wolfe 2010) lewer die volgende kommentaar: It forces us to rethink our taken-for-granted modes of human experience, including the normal perceptual modes and affective states of Homo sapiens itself, by recontextualizing them in terms of the entire sensorium of other living beings and their own autopoietic ways of bringing forth a world - ways that are, since we ourselves are human animals, part of the evolutionary history and behavioral and psychological repertoire of the human itself. (pp. xxv; [beklemtoning oorspronklik]) Wendy Woodward (2014) redeneer in min of meer dieselfde trant en wys daarop dat die Posthumanisme op nuwe maniere die verhouding tussen menslike en niemenslike diere teoretiseer. Posthumanisme ontken die uitsonderlikheid van die menslike subjek in verhouding tot die niemenslike dier; dit weerspreek ook die humanistiese beheptheid met bewustheid, taal en individuele agentskap (Woodward 2014:7). Woodward (2014:9) lig vervolgens twee aspekte uit wat vir 'n posthumanistiese lesing voorop gestel word, naamlik relasionaliteit en beliggaming. Die uitgangspunt van Woodward se redenasie van relasionaliteit en beliggaming is dat sterflikheid die mees omvattende eienskap is wat die menslike en niemenslike deel. Ingebed in beliggaamde sterflikheid ('embodied mortality') is dus relasionaliteit, verwantskap of beliggaamde gemeenskaplikheid van die mens en die dier. Ten spyte van ooglopende verskille tussen die menslike en niemenslike dier, is dit moontlik om op grond van gedeelde liggaamlike sterflikheid verbondenheid of relasionaliteit te konstitueer.9 Uit die voorafgaande teoretiese opvattings blyk (ten spyte van genuanseerde verskille), dat die ooreenkomstige denke toon dat Posthumanisme in mindere of meerdere mate klem op relasionaliteit lê10 - die (h)erkenning van die verbondenheid van menslike en niemenslike diere op grond van 'n anti-antroposentriese denkwyse, gedeelde liggaamlikheid en beliggaamde sterflikheid, sowel as die visuele (meer hieroor later). Relasionaliteit weerspreek die politiek van dominansie en destabiliseer tradisionele magsverhoudings. Die gevolg is nuwe gedeelde diskoerse tussen mense en diere wat 'n eie woordeskat en konvensies behels. Die eie woordeskat van die nuwe gedeelde diskoers waarna Woodward (2014) ook verwys, is onder andere in die visuele gesetel; in die wedersydse blik tussen die menslike en die niemenslike dier. Hierdie aspekte word vervolgens onder die soeklig geplaas. Die visuele paradigma in Op 'n dag, 'n hond In Op 'n dag, 'n hond (Miles 2016) word die visuele in die roman as 'n sentrale tema aangebied. Hierdie visuele paradigma sluit die wedersydse blik van mens en dier in; die 'Afkyk in die put' (bl. 15) as 'n blik op die onderwêreld; die terugkyk na die verlede 'van onthou en vergeet' (bl. 15); en die problematiek van die 'sienlike en die onsienlike' (bl. 14). Aan die begin van die roman stel Miles die hoofkarakter deur middel van die visuele op 'n onkonvensionele wyse aan die leser bekend. Die onderwyser bevind hom die aand voor die hond se koms alleen in sy blyplek in 'n agterplaas in sy 'eie persoonlike put' (bl. 9) terwyl daar 'n verwoestende storm woed. Die venster het geen bedekking nie en daar word van buite deur 'n 'voyeur' (bl. 11) ingekyk; 'n 'denkbeeldige kyker' (bl. 12) wat die onderwyser se intieme ruimte en sy doen en late bespied. Daar word selfs genoem dat die kyker van buite die titels van die stapeltjie boeke wat bo-op die oorvol boekrak staan, lees. Die eerste hoofstuk getiteld 'Aand 1', eindig met die onderwyser wat voor die venster staan en 'n denkbeeldige les stap vir stap uitspel, kringetjies om woorde trek en ander onderstreep. Na aanleiding van die aandag wat hierdeur op denke, op woorde en taal, op die komplekse inhoud van die stapeltjie boeke deur 'n verskeidenheid internasionale skrywers gevestig word, is die suggestie dat die sentraliteit van die antropos op die voorgrond gestel word, omdat taal die belangrikste skeiding tussen mens en dier is. Hierdie skeiding word egter juis deur die koms van die hond in die roman ondermyn soos vervolgens aangetoon word. 'Hy het net oë vir die onderwyser' (Miles 2016:170): Die blik van die hond op die mens Iovino (2016:14) wys tereg daarop dat die narratiewe landskap van die Posthumanisme 'n landskap van ontmoetings is. Ons verwantskap met die wêreld is een van gemeenskaplike bepalings. Sy verduidelik: 'In this knotted dimension of exchanging natures, the human is no longer at the origin of the action, but is itself the result of intersecting agencies and meanings' (2016:15).11 Dit is in hierdie konteks wat die koms van die hond gelees moet word. In die roman het die onderwyser die volgende oor hierdie ontmoeting te sê: Hy sal nooit weet hoekom juis sý klaskamer uitgesoek is nie. Was dit pure toeval? Uit ongeërgdheid, dalk? En Bluf hoef nie eens sy stompiestert te waai as hy my sien nie. Ek wens ek kon sien wat hy sien. Ek kan ander van buite sien, myself nie. (bl. 250; [outeur se eie beklemtoning]) In die klaskamer, pas nadat hy van die hond se teenwoordigheid bewus geword het, word die blik van die hond op die mens sodanig beskryf: Sy oë pal gefokus op die onderwyser. Vergete is die kyk van nood, nou is dit die ene afwagting. Hy sit my werklikwaar heeltyd en dophou, dink die onderwyser, sonder dat ek weet wat in hom omgaan. Hoe neem hy my waar? Leonardo het gesê die oog neem die wêreld in hom op, definieer die ganse wêreld. (bl. 163) In hierdie aangehaalde sleutelpassasies word die kykmotief as intra literêre leitmotief in die roman bevestig. 'n Relevante teks wat insigte bied vir die lees van Op 'n dag, 'n hond, is Wendy Woodward se The animal gaze: Animal subjectivities in Southern African narratives (2008). Woodward maak die leser op die wedersydse blik tussen die mens en die dier attent - die wyse waarop 'n dier na 'n mens kyk en hoe die mens op so 'n blik reageer. Volgens Woodward (2008:1) is dit 'n blik, geïnisieer deur die dier, wat peinsend is in sy geluidloosheid en roerloosheid, en wat 'n reaksie van die mens afdwing, aangesien dit enige aanvaarde meerderwaardigheid van die mens oor die niemens weerspreek. Dit is die blik van 'n wese wat op aktiewe wyse sy of haar eie subjektiwiteit opeis; wat na 'n ander kyk wat sy of haar menslike subjektiwiteit as 'n gegewe neem. (Vergelyk bostaande aanhaling.) Op hierdie wyse word die intersubjektiewe verbondenheid tussen die mens en die niemenslike dier bevestig.12 Vir Woodward (2008:7) word 'n dier as subjek gerepresenteer indien hy of sy as 'n individu geag word; 'n voelende wese is wat emosies ervaar; wat moontlik moraliteit bepaal; wat 'n besef van die teleologie van haar of sy lewe het; sowel as 'n vermoë om die dood en sy naderkoms te herken en te vrees. Wat Woodward in werklikheid óók hier postuleer, is die bevestiging van relasionaliteit op grond van die wedersydse blik tussen die mens en die dier. In sy bekende opstel, 'Why look at animals', beredeneer Berger (1980) die vraag: 'Watter insig/kennis is daar te win uit 'n spesifiek visuele ontmoeting met 'n dier?'. Die geskiedenis van die verhouding tussen mens en dier is volgens Berger 'n geskiedenis van verlies, aangesien die moderne kultuur en toenemende industrialisasie diere in 'n verdwene verlede plaas. Hedendaagse fisieke, maar veral ook kulturele marginalisasie van diere het die parallelle verbinding van mens en dier vernietig en die kategorie dier na familieverbintenisse verskuif. In hierdie verband kan enersyds na makgemaakte troeteldiere verwys word wat 'uitgelewer (word) aan antroposentriese projeksie van menslike emosies op die dier' (Crous 2016:213) - die dier word gevolglik tot troeteldier-as-marionet gereduseer. Andersyds verwys Berger na diere as 'n blote vertoonstuk ('spectacle') in die dieretuin, die wildpark en wildlewefotografie waar dit hoofsaaklik binne familieverband besigtig word. Berger (1980:4) beklemtoon verder (soos trouens ook Woodward) dat diere as voelende en sterflike wesens gebore word, en dus in hierdie opsig 'n ooreenkoms en verbondenheid met die mens bevestig. Waar die wedersydse blik van die mens en die dier ter sprake is, skryf Berger soos volg: The eyes of an animal when they consider a man are attentive and wary. […] But by no other species exept man will the animal's look be recognised as familiar. Other animals are held by the look. Man becomes aware of himself returning the look (pp. 4-5; [outeur se eie beklemtoning]). Ook vir Berger setel die essensie van 'n lewende subjek nie in taal nie. Volgens Berger (1980:5) bestudeer die dier die mens oor 'n peillose afgrond van niebegrip en die mens kyk terug oor 'n soortgelyke (maar nie 'n identiese nie) afgrond van niebegrip.13 Tog is daar sprake van 'n parallelle lewe, want diere bied 'n kameraadskap wat van enige menslike interaksie verskil. Hierdie kameraadskap setel in die visuele; in die wedersydse blik. Derrida (2002) skryf ook oor die verhouding tussen mens en dier met betrekking tot die visuele. Hy beskryf spesifiek die wyse waarop sy kat roerloos en stilswyend na hom kyk terwyl hy nakend in die stort is. Benewens die feit dat hy pynlik bewus is van sy naaktheid voor die kat en gevolglik met skaamte oorval word, ontstaan die ontologiese vraag na sy eie bestaansyn wat hy (Derrida 2002) soos volg formuleer: I often ask myself, just to see, who I am - and who I am (following) at the moment when, caught naked, in silence, by the gaze of an animal, for example the eyes of a cat, I have trouble, yes, a bad time overcoming my embarressment. (bl. 372; [beklemtoning oorspronklik]) Hoewel hy pertinent na die kat as die 'Ander' verwys, (h)erken hy die wedersydse blik - die feit dat die dier daar is om na gekyk te word, maar ook dat die dier op gelyke vlak na hom kyk. Hierdie wedersydse blik ontlok verdere ontologiese vrae waarop Derrida (2002) soos volg reageer: One doesn't need to be an expert to foresee that they involve thinking about what it meant by living, speaking, dying, being and world as being-in-the-world or being towards the world, or being-with, being-before, being-behind, being-after, being and following, being followed or being following, there where I am, in one way or another, but unimpeachably, near what they call the animal. It is too late to deny it, it will have been there before me who is (following) after it. After and near what they call the animal and with it - whether we want it or not and whatever we do about it. (p. 380; [beklemtoning oorspronklik]) Miles stel die politiek van die mens-hondverhouding op die voorgrond in die roman, en ondermyn dit terselfdertyd. Die term politiek word hier gebruik in soverre dit bepaalde magsverhoudings en hiërargiese denke bestendig: die mens (verhewe en sentraal) en die hond (ondergeskik en gemarginaliseer). Die blik van die hond (Bluf) op die mens én die van die mens (die onderwyser) op die hond weerspreek egter antroposentrisme en bevestig 'n intersubjektiewe verhouding. Die hond weerspreek die passiewe verhouding van die mens en die troeteldier-as-marionet, óf die dier as blote vertoonstuk - daar is met ander woorde sprake van 'n positiewe politiek van bevryding. Wanneer die hond na die mens kyk, word sy subjekstatus bevestig. Aan die einde van die verhaal kom die onderwyser tot die insig: 'Die afgelope dae dink hy 'n hond snap die kern van tyd, dat niks magtiger is as die dood nie' (Miles 2016:250). Die inisiatief vir 'n nuwe diskoers word dus deur Bluf geneem, die hond wat slegs vir enkele ure die pad van die (naamlose) protagonis, die onderwyser, kruis: Bluf sien my sonder dat hy enige woord vir my het, hy sien my en sê niks, hy leef anderkant woorde, in 'n steekbaard-wêreld. Die hond wat ek sien, is nie die hond wat ek sê nie en hond sê nie hond nie. Dis ek wat vir hom name gee, hy is hy, en ek ken die name, oral kyk ek teen name vas. Denke ontspring in die mond. Hy is hy en Bluf is Bluf. (Miles 2016:221) In hierdie aangehaalde gedeelte beredeneer die onderwyser by implikasie óók die vraag: 'Watter insig/kennis is daar te win uit 'n spesifiek visuele ontmoeting met 'n dier?'. Daar is twee verdere aspekte van relasionele epistemologie wat hier aangeraak word, naamlik die verhouding van mens-hond-taal, sowel as die problematiek van identiteit en benoeming of naamgewing. Die hond wat die onderwyser sien, is die fisieke dier in sy konkrete liggaamlike dimensie - 'n dier wat in die eerste plek en uiteraard 'n lewende liggaam is, of wat volgens Pick (2011:5) materieel, tydelik en weerloos is. Wolfe (2010:xxiii) skryf in hierdie konteks soos volg: 'Rather, "the body" is now seen as a kind of virtuality, but one that is, precisely for that reason, all the more real' (klem oorspronklik). Bluf is 'n lewenslustige hond, 'vry en uitdagend, vol waagmoed, agteloos' (Miles 2016:181), maar die hond wat hy sê, is 'nie hond nie'. Die implikasie is dat hier sprake is van die onbetroubaarheid van taal, of juis die menslike beperkings in denke en taal - die wedersydse (h)erkenning van die mens en die hond setel met ander woorde nie in taal nie, maar in die konkreet liggaamlike én die visuele; in die wedersydse blik tussen die mens en die hond. Vergelyk ook die volgende gedeelte: Ons liggaam maak ons sigbaar, 'n demonstrasie van bestaan. Om asem te haal beteken om besield te wees. Met skade aan die liggaam begin onthegting, bring uiteindelik ontbinding en ons val in algehele naamloosheid weg, volkome blindheid volg. (Miles 2016:218) Die onderwyser (soos Berger en Derrida) word bewus van homself as die subjek deur die blik van die hond, maar bevestig terselfdertyd dat die identiteit van 'n lewende wese nie in naamgewing14 gesetel is nie, 'n aspek wat ook elders in die roman na vore kom. Hoewel die hond op sy naam reageer, impliseer dit geen ontologiese kennis nie: 'Jou naam ken ek, maar dit help maar min as ek jóú wil ken?' (bl. 162), bely die onderwyser teenoor die hond. Op sy beurt is die onderwyser naamloos, maar as hy terugdink aan die noodlottige aanval op sy vrou, maak hy die insiggewende stelling ten opsigte van die verhouding tussen naam en identiteit en kyk met die geestesoog: Sy identiteit het hy behou. Om wat mee te maak? Van haar het 'n naam agtergebly. Naasbestaandes se geheue, haar laaste rusplek. En die beelde wat sy geheue geërf het. (Miles 2016:37) Dit is egter ironies dat identiteitsproblematiek terselfdertyd spesifiek aan die onderwyser gekoppel word: hy is naamloos en in die donker aand voor die koms van die hond word die problematiek van gefragmenteerde identiteit verwoord, en terselfdertyd spesifiek met die visuele in verband gebring: Onder die tafel lê 'n man en skop. En op die stoel werk een op 'n klein rekenaar, dis nie dieselfde man nie. Nog een staan met 'n telefoon in die hand, hy probeer 'n misverstand opklaar. Dis ook nie dieselfde een wat gereeld as die see dit toelaat oor die baai roei nie. Geeneen van hulle het betyds geweet van nog een nie: die mens wat per ongeluk lewend agter gelaat is. Wat weet ons van mekaar, wat sien ons wat nie van onsself is nie? Dis onmoontlik om jou rug te keer op jou geestesoog. (Miles 2016:100; [outeur se eie beklemtoning]). In hierdie gedeelte word 'foto's' of gestolde momente van die verlede en die hede as 't ware oormekaar geplaas: 'n blik op die onderwyser wat veg om sy lewe (verlede), op die onderwyser by sy rekenaar (hede), op die onderwyser telefonies in gesprek met die vreemde vrou wat hom vir die onbekende Reineke aansien (hede), op die onderwyser in sy boot in die see by Oubaai (verlede), op die gebroke mens wat lewend dood agtergelaat is (verlede én hede). Hierdie mens 'wat per ongeluk lewend agter gelaat is' bring vervolgens die afkyk in die benederyk, die landskap van die dooies, ter sprake. 'Afkyk in die put' (Miles 2016:15): Die hond as begeleier na die onderwêreld 'Ek het 'n naam gevind vir my pyn, ek noem dit Hond'. (Nietzsche bl. 225) In die roman word die hart van die mensesiel wat geweeg word in verband gebring met die tydsproblematiek in die narratief: die gewig van die verlede, maar ook die vervlietendheid van die lewe en die onontkombaarheid van die dood. Wanneer die onderwyser sy bewussyn herwin nadat die motor hom omgestamp het, is dit dié hond, sowel as die hond (Bluf) wat vir die ongeluk verantwoordelik was, wat hy in sy geestesoog sien: Ja, die hond, hulle praat van die hond, wat is sy naam nou weer, die hond wat hom kom haal, hy probeer regop kom, 'n vrou buk langs hom met 'n glas water, hy skud sy kop, die hond wat die skaal vashou waarop sy hart geweeg word, ligter as 'n veer moet dit wees, maar die hart is altyd swaar, té swaar, my siel is reeds daarmee heen, die dood se hond, die hond met die blou tong. (Miles 2016:178) Die onderwyser ontkom (weereens) naelskraap aan die dood as hy deur 'n motor omgestamp word en sy bewussyn verloor - die gevolg van sy impuls om (letterlik) die hond blindelings te volg. Die implikasie is dus dat hy figuurlik die donkerte van die onderwêreld ingelei word. Dit is dan ook Bluf, die enigmatiese hond wat op 'n dag sy verskyning maak, wat 'n deurslaggewende rol in die gebeure speel. Aan hierdie hond word volgens Miles (Meyer 2017) 'figuurlike kwaliteite en simboolwaarde' toegeken. Vir die onderwyser word die hond 'n begeleier: Of is dit hy wat lei, ek wat volg? Hy is nie aan my gehoorsaam nie, dis net oënskynlik die geval, by wyse van spreke is hy in groter opdrag om my weg te lei, die onderwêreld in. (bl. 173) Die hond as begeleier lei die onderwyser na die onderwêreld van die dood, maar ook na 'n lewe waar hy rekening moet hou met verlies maar terselfdertyd ook sy eie verantwoordelikheid vir sekere gebeure moet aanvaar. In die roman bevind die man en sy geliefde vrou hulle in twee wêrelde: die onderwêreld of die wêreld van die dooies waar die vrou verkeer, en die wêreld van die lewendes waar die man hom bevind. Die gedwonge terugblik op 'n onagterhaalbare afgehandelde geskiedenis en die verwysing na 'n katabasis, 'n afdaal na die onderwêreld, roep die mite van Orfeus en Euridike op - 'n mite wat in wese oor die konfrontasie met verlies, sterflikheid en die dood handel. Orfeus daal af na die onderwêreld in 'n poging om sy verlore geliefde Euridike te vind. In die mite word die terugkyk verletterlik as hy op die kritieke oomblik terugkyk. Deur sy blik stuur hy haar terug na die donkerte van die benederyk - so staan hy haar nogmaals aan die dood af en word hy aan die blote herinnering van 'n afgelope (liefdes)geskiedenis oorgelewer; 'n herinnering wat moontlik óók in die vergetelheid kan verdwyn. Ten spyte van die negatiewe gevolge van hierdie noodlottige terugblik het die terugkyk tog ook moontlike positiewe implikasies. In Flesh of my flesh verken Kaja Silverman (2009) insigte oor relasionaliteit en sit dit uiteen aan die hand van die mite van Orfeus en Euridike - die mite wat met die dood verband hou, maar ook met visie en bepaalde maniere van kyk. Sy verwys onder andere na die psigoanalis Lou Andreas Salomé se memoir getiteld Looking back, waarin laasgenoemde insigte oor retrovisie of terugkyk na die verlede verwoord. Salomé verwys na hierdie proses as die helende krag van Nachträglichkeit - 'n term wat oorspronlik deur Freud gemunt is, maar waarmee Salomé op genuanseerde wyse omgaan15 (Silverman 2009:42-43). Ingebed in hierdie terugkyk is daar onder andere die moontlikheid om sondes weg te was, om diegene wat verdwyn het, te vind, of om dooies op te wek, en uiteindelik om die verdeeldheid tussen mense gelyk te maak. Die onderwyser se terugblik fokus, soos dié van Orfeus, op die geliefde gestorwe vrou, maar daar is ironies sprake van drie vroue wat hy vanuit die onderwêreld, hetsy die doderyk of die onderbewussyn,16 herroep: Koulla, sy eerste vrou wat na hulle egskeiding in 'n vliegongeluk oorlede is, Agnes, sy ontslape tweede vrou en Agnes, sy minnares wat hy op 'n dag met voorbedagte rade in die steek gelaat het. Die ooreenstemmende naam vir die vrou en die minnares is waarskynlik toe te skryf aan die rol wat toeval in die roman speel. Hierdie eienaam dwing egter ook twee ander tekste op wat eweneens die verband tussen die vrou en die dood, die vrou en verlies as tema het, naamlik Klaaglied om Agnes (1977) van die Vlaming Marnix Gijsen, en Herinnering aan Agnes (1995) van Louis Krüger. Miles se roman kan inderdaad as 'n klaaglied om Agnes,17 die gestorwe vrou, en 'n herinnering aan Agnes, die agtergelate minnares gelees word. Daar is egter 'n aksentverskil in die aard van die terugblik: 'n groter mate van emosionele betrokkenheid en intense bewussyn van verlies word met die woord klaaglied geïmpliseer (Wybenga & Nel 2004:83). Die terugblik op die geliefde vrou(e) bied insigte in die pynlike hoofstukke van persoonlike geskiedenisse en gebroke verhoudings. Verlies word terselfdertyd pertinent met die doodstematiek in verband gebring wanneer die onderwyser na die ontslape eggenoot terugkyk: 'Agnes. Toeval het hulle bymekaar gebring, die noodlot het hulle geskei' (Miles 2016:24). Die onderwyser moes Agnes op 'n onmenslike wyse aan die dood afstaan, terwyl hyself die gewelddadige aanval oorleef het. Die implikasie is dat hy by wyse van spreke na die onderwêreld moet gaan (met die hond as begeleier); hy moet met ander woorde terugkyk, sodat hy hierdie hoofstuk ter ruste kan lê in 'n poging om van die gebrokenheid en van sy onherstelbare verlies sin te maak. Tot pas voor die koms van die hond het hy gepoog om die verlies te besweer deur haar onafgehandelde roman te voltooi. Tog is daar in hierdie intieme proses ook 'n element van verraad te lees, want in die skryfproses sluit hy liefdesgedigte van sy eertydse minnares wat aan hom gerig is, in die roman in: 'Om te dink hy het van haar gedigte in sy manuskrip ingewerk, verse wat sy net vir hom bedoel het' (Miles 2016:203). Daar is dus by implikasie sprake van 'n kreatiewe liefdesdriehoek - nogmaals 'n aandadigheid aan verraad en ontrou (selfs patologiese narsisme) waarvan hy moet rekenskap gee. Die verraad van die verlede is gevolglik steeds 'n dwingende gegewe in die hede, en hou terselfdertyd verband met die hart van die mensesiel wat geweeg word. In die roman word dus op die eiesoortige tydsproblematiek klem gelê - 'n tydsproblematiek wat pertinent met die kyk na die verlede verband hou. 'Onthou en vergeet' (Miles 2016:15): Tydsproblematiek en die hond as morele begeleier na die verlede Die gebeure in die verhaal speel in die loop van drie dae in die hede af, tog is die onderwyser deurentyd intens met die verlede gemoeid. Miles (in 'n onderhoud met Meyer 2017) beklemtoon in die bekendstelling van die roman die wyse waarop die verlede en die hede op mekaar inspeel: […] die hede as die skeppende moment wat die verlede abba. Soveel dinge wat die onderwyser in die hede ervaar, word snellers na die verlede; voortdurend ontstaan assosiasies met insidente in die verlede; die hede word ten dele 'n herbelewenis. Die toekoms bly moontlikheid, 'n potensiaal. Hierdie tydopvatting word óók in Op 'n dag, 'n hond (Miles 2016) verwoord: Die tyd vloei onder die voete verby, ons voel aan hoe alles onder ons wegsterf. Ons ken die toekoms as 'n woord. Ons is blind vir môre, kan net so wel met die rug daarop gekeer staan, en vir die verlede het ons verbeelding nodig om die gestolde momente as vantevore op te roep, verpak as 'n versameling tablo's, momente, tydpunte, oogknippe, brailleprentjies op speelkaarte, 'n pak speelkaarte gereed om geskommel te word. (bl. 101) Gewoonlik sien ons die tyd van die verlede deur die hede terwyl ons gesig na die toekoms gerig is. Fontaine (1984:17) beskryf dit as 'n liniêre, progressiewe tydrekenkunde; onder die indruk dat die gebeurtenisse van die toekoms al aanwesig is, stuur jy daarop af. Die toekoms is egter leeg, daar is niks te sien nie, terwyl daar wel gebeure van die verlede voor die oog is. Hierdie siening van die hede as 'n herbelewing en die toekoms as slegs 'n moontlikheid, word dus ook deur Miles in sý roman voorgehou. Reeds aan die begin van die roman dink die onderwyser aan 'n blinde jong man wie se korneas beskadig is, maar op sy huis se dak geklim het om los dakplate te herstel, en hy kom dan tot die gevolgtrekking: 'Soveel vertroue om die onsigbare te sien. Iemand wat onmoontlik sonder sy geheue oor die weg kan kom. 'n Lewe in die hede onmoontlik sonder die verlede' (Miles 2016:13; [outeur se eie beklemtoning]). 'n Tweede beeld wat baie pertinent in die roman op die voorgrond gestel word, is 'n klein tafereel wat op 'n dag voor die onderwyser se oë afspeel, maar dit is 'n beeld wat 'gekom het om te bly' (bl. 51). By die ingang van 'n afgetakelde fabriek sien hy deur die traliehek 'n vrou wat op 'n omgekeerde emmer teen die muur van 'n binnehof sit. Sy is besig om 'n stuk breiwerk los te torring en die woldraad op te rol. Hierdie beeld word dan met die eie geleefde tyd verbind: Dis dinge wat jy onthou, wat jou sonder genade besoek, die bol wol wat agterbly. Wat jy vergeet, daarvan kan jy nie weet nie. Wat ek wíl vergeet onthou ek. Die goed wat jy werklik vergeet het, sou jou nader bring aan wie jy eintlik is, maar dis nie moontlik nie. Vir jouself bly jy half. Die oorspronklike trui se verslete stukke is nie meer daar nie, wat maak jy met die bol wol? (Miles 2016:61) Hierdie insig dui op die noodsaak om die eie verlede te ontrafel en die eie geskiedenis te deurskou ten einde verantwoordelikheid te aanvaar ten spyte van die rol wat toeval of die noodlot speel. Om terug te kyk ten einde die verlede te ondersoek en te rekonstrueer en te vertel is dus 'n essensieel sinsoekende en singewende aktiwiteit. Dit is uiteindelik die hond wat sy opwagting maak wat die onderwyser na 'n 'verdere onvoorsiene verhuising die bekende in' lei (bl. 101). Die hond begelei hom na die verlede, en bring so die spanning tussen die hede en die verlede en die herinnering na die oppervlak. Hy word terselfdertyd 'n morele agent van die onderwyser se gewete, want hy stuur hom terug na die problematiek van lojaliteit en verraad, van trou en ontrou en die balans tussen goed en kwaad. Dit is naamlik die geskiedenis van die onderwyser en sy minnares, Agnes, en haar ontslape eggenoot, Herk (ten tyde van die verhouding die onderwyser se vriend),18 wat uit die verlede voor oë gebring word. Hierdie geskiedenis word in die laaste afdeling van die roman verhaal met die titel, 'vroeër of later', en dit word uiteindelik die 'gewig' wat die 'hart' se lot bepaal; die klip van die verlede. Miles verwys in 'n onderhoud (Meyer 2017) na die mite van Sisyphus en sy straf wat in die titel van hierdie afdeling ingebed is. Volgens hierdie mite was Sisyphus een van die wysste mense op aarde, maar ook buitengewoon vaardig met kullery. Nadat hy die gode bedrieg het, het Zeus hom na Tartarus verban, die diepste en gruwelikste woesteny onder die doderyk. Hier moes hy onophoudelik 'n klip teen 'n heuwel op rol, net om dit te los sodat dit weer na onder kan terugkeer (Pinsent 1982:16, 57-60). Vir Miles is hierdie eindelose taak (wat 'n definitiewe element van herhaling inhou) egter nie negatief nie, want ingebed in 'vroeër of later' is die moontlikheid dat die klip wel bo sal bly. Indien hierdie moontlikheid met die beeld van die hond wat die weegskaal vashou, saamgelees word, kan die afleiding reeds gemaak word dat die gewig (klip) van die verlede soos die bondeldraer van die noodlot, wel een of ander tyd afgeskud kan word, sodat die 'hart' van die siel ligter as die veer kan weeg. Hierdie gegewe moet egter óók saam met die terugkyk van die Orfeus-mite gelees word - dit toon die negatiewe gevolg van verlies, maar terselfdertyd hou dit die moontlikheid van heling en vergifnis in. Die gebeure wat volg nadat die onderwyser deur 'n motor omgestamp is, lei uiteindelik tot 'n reeks toevallighede wat die onderwyser ruimtelik verplaas sodat hy hom ten einde in Bloemfontein bevind; 'n lot wat die onderwyser gelate aanvaar, maar wat hom tog ook tot die volgende insig bring: As jy weet waar jy vandaan kom, val daar lig op die volgende dag. Dis wat jy het, niemand in hierdie ganse stad weet méér as dit van die toekoms nie. Die Kaap lê agt uur ver. Al wat die jaar gebring het, was die bywerk van selfkennis. Om teenstrydigheid te aanvaar. Aanhou aanvaar. Dis hoe jy aan die lewe bly. (Miles 2016:235) Bloemfontein is die stad van Bluf se tydelike bestemming, maar ook die stad van verraad waar die onderwyser vir vyf intense jare in 'n buite-egtelike verhouding met sy beste vriend se vrou was. Die sikliese gang van Sisyphus se straf word gevolglik so voor oë geroep. Die onderwyser herroep dan die gebeure in sy geheue, 'hoe verraad sy verterende tol opeis' (Miles 2016:226) aan die hand van sy eertydse minnares se latere briewe. Oorval deur gemeenskaplike skuldgevoelens wat alles later vertroebel het, het die onderwyser op 'n dag bloot verdwyn en Agnes en Herk alleen agtergelaat. 'Jy's wreder as die ergste moordenaar, jy het ons al twee lewend agtergelaat' (Miles 2016:227), skryf sy later. En verder: 'Maar wat hom doodgemaak het, is dat jy nooit gekom het nie, nie eers van jou laat hoor het nie' (Miles 2016:232). Die felheid van die verraad is dus nie slegs die feit dat hy in 'n verhouding met sy beste vriend se vrou was nie, maar bowenal omdat hy nie opgedaag het en om vergifnis gevra het nie. Aan die einde van die roman is daar egter nogmaals sprake van Nachträglichkeit, van boetedoening en die moontlikheid om sondes van die verlede weg te was, en uiteindelik om die verdeeldheid tussen mense, maar ook mense én niemenslike diere gelyk te maak. Die onderwyser keer terug na die hond om op 'n letterlike én simboliese wyse jammer te sê. Ten slotte lees ons: Hy sal uitklim […] en vir Hond sê jammer, maat, dat ek jou in die steek gelaat het toe hulle jou vang en vasmaak. En hy sal wag totdat Bluf met sy stert te kenne gee. Nee, dis reg, dankie dat julle gekom het. (Miles 2016:255) Dit is insiggewend dat die onderwyser nie na die hond as Bluf verwys wanneer hy om vergifnis vra nie, maar spesifiek vir 'Hond' jammer sê. Die implikasie van hierdie aanspreekvorm is dus ten slotte dat die menslike en niemenslike dier mekaar volledig as subjek ag en mekaar se emosies (h)erken - daar is dus weereens sprake van 'n bevestiging van relasionaliteit. Indien Miles se verwysing na die 'figuurlike kwaliteite en simboolwaarde' van die hond boonop in ag geneem word, kan die afleiding gemaak word dat die verraad van die verlede teenoor sy beste vriend selfs ook geïmpliseer word. Die moontlikheid van vergifnis hiervoor moet dus ook op simboliese vlak gelees word. Ten slotte Die eiesoortige mens-hond-verhouding wat in Miles se roman op die voorgrond gestel word, illustreer én bevestig die kernopvatting van die Posthumanisme, naamlik 'n intersubjektiewe sin van verbondenheid tussen die self en die tradisionele Ander - tussen die mens en die niemenslike dier. Hierdie verbondenheid bevestig terselfdertyd relasionaliteit op grond van 'n anti-antroposentriese denkwyse, die mens en die hond (dier) se beliggaamde sterflikheid, asook deur die konkreet liggaamlike en die visuele: die wedersydse blik tussen die mens en die hond wat die hond se subjekstatus bevestig. Die roman kan gevolglik óók binne die teoretiese raamwerk van relasionaliteit gelees word met die klem op die mens-en-dier relasie. Die ondersoek na die mens-hondverhouding in die roman identifiseer voorts die hond as begeleier wat terselfdertyd hiërargiese denke ondermyn. Hy begelei die onderwyser op simboliese wyse na 'n afkyk in die onderwêreld, maar ook na 'n terugblik op gebeure in die verlede, sodat die helende én reddende krag van Nachträglichkeit ten slotte die gewig, die sondes van die verlede uitwis. Die rol van die hond wat die skaal vashou, kom ten slotte ter sprake, want as gevolg van die reddende en transformerende rol wat die hond as besoeker in die verloop van die gebeure speel, kan die mensehart uiteindelik ligter as 'n veer weeg. Erkenning Mededingende belange Die outeur verklaar dat sy geen finansiële of persoonlike verbintenis met enige party wat haar nadelig of voordelig kon beïnvloed het in die skryf van hierdie artikel nie. References Almvist, I., 2015, About Imelda Almvist - A Dutch Shamanic painter, practitioner and teacher, besigtig op 1 Februarie 2018 by https://imeldaalmqvist.wordpress.com/about/ Barendse, J.M., 2016, 'Die "grense van menswees" en insekwording in Willem Anker se Samsa-masjien (2015)', LitNet Akademies 13(3), 1-25, besigtig op 1 Februarie 2018 by http://www.litnet.co.za/die-grense-van-menswees-en-insekwording-willem-anker-se-samsa-masjien-2015/ [ Links ] Berger, J., 1980, 'Why look at animals?', in J. Berger, About looking, pp.3-22, Bloomsburry, London. Braidotti, R., 2013, The posthuman, Polity Press, Cambridge. Butler, J., 2004, Undoing gender, Routledge, London. Butler, J., 2006, Precarious life, Verso, London. Crous, M., 2015, '"Sonder siel en anoniem": Elisabeth Eybers se "Huiskat" in die konteks van dierestudies', Tydskrif vir Geesteswetenskappe 55(3), 373-386. https://doi.org/10.17159/2224-7912/2015/v55n3a4 [ Links ] Crous, M., 2016, 'Die hadeda as liminale dier in Kaar van Marlene van Niekerk', LitNet Akademies 13(1), 206-231, besigtig op 10 Mei 2017, by http://www.litnet.co.za/die-hadeda-as-liminale-dier-in-kaar-van-marlene-van-niekerk/ [ Links ] Ferrando, F., 2013, 'Posthumanism, Transhumanism, Antihumanism, Metahumanism, and New Materialisms. Differences and relations', Existenz 8(2), 26-32. [ Links ] Fishel, S., 2017, 'Performing the posthuman: An essay in three acts', in C. Eroukhmanoff & M. Harker (eds.), Reflections on the posthuman in international relations. The anthropocene, security and ecology, pp. 50-60, E-Interrnational Relations, Bristol. Fontaine, P.F.M., 1984, 'De bloedbruiloft. Een beschouwing over De Aanslag van Harry Mulisch', Hollands Maandblad 26(3), 15-20. [ Links ] Gijsen, M., 1977, Klaaglied om Agnes, Academia, Pretoria. Glissant, É., 1997, Poetics of relation, The University of Michigan Press, Ann Arbor, MI. Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT), 2005, Pearson, Kaapstad. Haraway, D., 2007, When species meet, University of Minnesota Press, Minneapolis, MN. Haraway, H., 2003, Companion species manifesto: Dogs, people, and significant otherness, Prickly Paradigm Press, Chicago, IL. HAT, kyk Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal Ions, V., 1982, Egyptian mythology, Hamlyn, London. Iovino, S., 2016, 'Posthumanism in literature and ecocriticism', Relations 4(1), 11-20. [ Links ] Krüger, L., 1995, Herinnering aan Agnes, Tafelberg-Uitgewers, Kaapstad. Mark, J.J., 2012, The Egyptian afterlife & the feather of truth, Ancient History Encyclopedia, viewed 20 March 2017, from https://www.ancient.eu/article/42/ McDonald, M. & Mitchell, A., 2017, 'Introduction. Posthuman international relations', in C. Eroukhmanoff & M. Harker (eds.), Reflections on the posthuman in international relations. The anthropocene, security and ecology, pp. 2-8, E-interrnational Relations, Bristol. Meyer, N., 2017, 'Onderhoud: Op 'n dag, 'n hond deur John Miles', besigtig op 20 Maart 2017 by http://www.litnet.co.za/onderhoud-op-n-dag-n-hond-deur-john-miles/ Miles, J., 2016, Op 'n dag, 'n hond, Human & Rousseau, Kaapstad. Morton, T., 2017, Humankind: Solidarity with nonhuman people, Verso Books, London. Mulder, E., 1987, Freud en Orpheus. Of hoe het woord de muziek verdrong, HES Uitgevers, Utrecht. Nayar, P., 2014, Posthumanism, Polity Press, Cambridge. Nel, A., 2012a, 'Om 'n deeglike "aanmaning van sterflikheid" te kry: Katabasis, relasionaliteit en retrovisie in Die benederyk van Ingrid Winterbach', Litnet Akademies 9(2), 413-441. [ Links ] Nel, A., 2012b, 'Amsterdam "deur vensters van fiksie". Literêre verbondenheid en relasionele ruimte in Die sneeuslaper van Marlene van Niekerk', Tydskrif vir Nederlands & Afrikaans 19(1), 89-106. [ Links ] Pick, A., 2011, Creaturely poetics. Animality and vulnerability in literature and film, Columbia University Press, New York. Pinsent, J., 1982, Greek mythology, Hamlin, London. Roden, D., 2015, Posthuman life. Philosophy at the edge of the human, Routledge, London. Silverman, K., 2009, Flesh of my flesh, Stanford University, Stanford. Simmons, L. & Armstrong, P., 2007, Knowing animals, Brill, Leiden. Taylor, N., 2011, 'Introduction: Thinking about animals', in N. Taylor & T. Signal (eds.), Theorizing animals: Re-thinking humanimal relations, pp. 1-17, Brill, Leiden. Thomsen, M.D., 2015, The new human in literature. Posthuman visions of changes in body, mind and society after 1900. Bloomsbury Academic, London. Tylor, N. & Rossini, M., 2009, Animal encounters, Brill, Leiden. Wolfe, C., 2010, What is posthumanism? University of Minnesota Press, Minneapolis, MN. Woodward, W., 2008, The animal gaze. Animal subjectivities in Southern African narratives, Wits University Press, Johannesburg. Wybenga, G. & Nel, A., 2004, 'Gesprek tussen twee kontinente: Louis Krüger met Marnix Gijsen', Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans 11(1), 82-89. [ Links ] Correspondence: Adéle Nel email@example.com Received: 23 June 2017 Accepted: 28 Feb. 2018 Published: 25 Apr. 2018 1 . Almqvist (2015) verduidelik: 'I make sacred art, meaning spirit-led (or shamanic) paintings inspired by other worlds. I have been walking between worlds for as long as I can remember'. 2 . Vergelyk onder andere die onlangse artikels van Barendse (2016), Crous (2015; 2016). 3 . Vergelyk in hierdie konteks Thomsen (2015) se uitspraak: The role of literature in human culture only enhances the probability of the formation of complex symbolic systems of communication that allow humans to alternate between concrete and abstract references, between past, present and future, between fiction and reality, and to do so in such a manner that arguments may be tied together through a series of conditions and qualifications, as well as making pronouncements that shift between self-reference and collective references. (p. 24) 4 . Crous (2015:380) is van mening dat een van die eerste maniere waarop die mens in die konteks van interspesiekontak ʼn mate van identiteit met die dier bereik, is deur middel van naamgewing. 5 . Roden (2015) bied ʼn deeglike verkenning in hierdie verband. Sien ook Ferrando (2013). 6 . In dieselfde konteks verwys Braidotti (2013) soos volg na die anthropos: … that is to say as the representative of a hierarchical, hegemonic and generally violent species whose centrality is now challenged by a combination of scientific advances and global economic concerns. (p. 65) 7 . Serpil Opperman (2016:26) wys op ʼn betekenisvolle vertrek vanaf oorwegend antroposentriese diskoerse en praktyke ten opsigte van alle aspekte van sosiale, kulturele, politieke, biologiese en ekologiese relasies. 8 . Opperman (2016) verduidelik die rede, naamlik: '[…] because our environmental relations are always characterized by networks of complex crossings and interchanges with other beings and material forces' (p. 27). 9 . Morton (2017) gebruik selfs die term radikale solidariteit waar die verhouding tussen die menslike en die niemenslike dier ter sprake kom. 10 . Opvattings oor relasionaliteit word deur verskillende denkers beredeneer (Butler 2004; 2006; Glissant 1997; Silverman 2009), maar in hierdie skrywes val die klem op die verbondenheid tussen mense. Butler lê byvoorbeeld klem op die menslike liggaam in ʼn openbare rol en die mens as sosiale konstruk wat nie selfstandig bestaan nie en reeds van geboorte af deel is van ʼn bepaalde diskursiewe praktyk. Hierdie denkwyses is dus grootliks antroposentries van aard. 11 . Haraway (2003; 2007) beklemtoon ook dat die ontmoeting van multispesies die menslike en niemenslike onderskeid oorkom en dat ʼn etiek van vervlegting gekweek word, wat die niemenslike dier as metgesel erken. 12 . Woodward (2008) maak ook die volgende stelling: [M]y reading of southern African fiction suggests that many writers imagine kinship between humans and animals so that their knowledge productions become 'relational epistemologies', […] referring to related theories of knowledge. (p. 3; [outeur se eie beklemtoning]) 13 . Ook hier is die aanhaling (bl. 163) waar die onderwyser die blik van die hond beskryf, van toepassing. 14 . In ʼn onderhoud met Naomi Meyer (2017) maak Miles die stelling: 'Name ontkom nie aan die werkinge van toeval nie. Ek gaan nie met name om as ʼn simboliese netwerk nie'. 15 . In Nel (2012a; 2012b) is uitgebreid oor Silverman sowel as Salomé se opvattings ten opsigte van relasionaliteit en Nachträglichkeit geskryf. Hierdie insigte word toegepas op Miles se roman, hoewel die verbintenis waarvan hier sprake is nie net dié van mens-en-mens is nie, maar ook van mens-en-hond. 16 . Die benederyk waaruit Orfeus sy gestorwe geliefde na die lig wil terugvoer, is die historiese model van wat in die twintigste eeu as die onderbewuste aangedui word. Mulder (1987:15) maak die stelling dat die mitologiese verhaal van die katabasis óók as die eksternalisering van die afdaal na die onderbewuste geïnterpreteer kan word. 'Dit wil zeggen dat het proces van inkeer, het verwerven van zelfinzicht, een aanschouwelijke, zinnebeeldige vorm heeft aangenomen'. 17 . Vergelyk ook die volgende gedeelte: Jy is nie meer hier nie, onthou hy die lamenterende digter, dat ek jou kan sien en aanraak nie, maar ek teer op jou beeld in my, in die geheim beleef ek jou, onsigbaar bly jy leef, jy lewe in my en al is jy dood, stáán jy om eers later saam met my te sterf. Ek red jou van die dood, van verganklikheid, daar is geen afskeid nie, in my sal jy vergaan. (bl. 49) 18 . 'Daarom was jou verraad so fel. Sy beste vriend! Hy het verander […]' (Miles 2016:231).
<urn:uuid:aac9d484-8d1b-4303-b376-1497348e0136>
CC-MAIN-2019-30
http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2219-82372018000100008&lng=pt&nrm=iso&tlng=af
2019-07-17T08:29:17Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525133.20/warc/CC-MAIN-20190717081450-20190717103450-00279.warc.gz
by
4.0
a_tag
false
false
{ "abbr": [ "by", "by" ], "in_footer": [ false, false ], "in_head": [ false, false ], "location": [ "a_tag", "a_tag" ], "version": [ "4.0", "4.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999975
false
Bwaba Jump to navigation Jump to search Bwaba | | ---|---| Totale bevolking: | 300 000 | Belangrike bevolkings in: | Burkina Faso 175 000 Mali 125 000 | Taal: | Buamu | Geloofsoortuiging: | Animisme (85%) Christendom (10%) Islam (5%) | Verwante etniese groepe: | Hulle is bekent vir hul abstrakte maskers, wat van hout of blare gemaak word. Hulle is ook bekent vir hul musiek, wat 'n belangrike deel van hul kultuur is.
<urn:uuid:d5241c3f-a518-48f6-af00-faac6b3c046d>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bwaba
2019-07-23T13:54:10Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529406.97/warc/CC-MAIN-20190723130306-20190723152306-00519.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999489
false
Dogri Dogri डोगरी ڈوگرى ḍogrī | || ---|---|---| Gepraat in: | Indië Pakistan | | Gebied: | Suid-Asië | | Totale sprekers: | 4 miljoen[1] | | Taalfamilie: | Indo-Europees Indo-Irannees Indo-Aries Noordwes-Indo-Aries Dogri | | Skrifstelsel: | Devanagari, Arabiese alfabet voorheen Takri, Gurmukhi | | Amptelike status | || Amptelike taal in: | Indië[2] | | Gereguleer deur: | geen | | Taalkodes | || ISO 639-1: | geen | | ISO 639-2: | doi | | ISO 639-3: | doi | | Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. | Dogri (डोगरी, ڈوگرى, ḍogrī) is 'n Indo-Ariese taal wat deur sowat 4 miljoen mense in Noordwes-Indië en Noordoos-Pakistan, veral in die omstrede gebied Kasjmir, gepraat word. Dogri is een van die amptelike tale van Indië naas Engels en Hindi. Dogri word òf met die Devanagari-alfabet òf met die Arabiese alfabet geskryf. Dit is die naaste verwant aan Sindhi en Pandjabi, twee van die mees verspreide tale van Pakistan. Verwysings[wysig | wysig bron] - ( ) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Dogri". Ethnologue. Besoek op 25 Augustus 2018. - ( ) "The Constitution of India" (PDF). Regering van Indië, Departement van Reg en Justisie. 1 Desember 2007 [1950]. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 9 September 2014.
<urn:uuid:ebcd4133-1ff4-48cc-80ab-f392dca1ac93>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Dogri
2019-07-18T13:34:11Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525634.13/warc/CC-MAIN-20190718125048-20190718151048-00463.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.997097
false
Stade de la Mosson Stade de la Mosson | || Wedstryd tussen Australië en Fidji in die Stade de la Mosson tydens die Rugbywêreldbeker 2007 Bynaam | Les Verts | | ---|---|---| Ligging | Montpellier, Frankryk | | Koördinate | Koördinate: | | Eienaar | Montpellier Méditerranée Métropole | | Kapasiteit | 32 900 | | Oppervlak | Gras | | Konstruksie | || Geopen | 1972 | | Renovasie | 1988, 1997 | | Uitgebrei | 1977, 1988 | | Huurders | || Montpellier HSC | Die Stade de la Mosson (Frans: [stad də la mɔˈsɔ̃]) is die tuisveld van die Franse sokkerklub van Montpellier: Montpellier Hérault Sport Club. Die stadion se naam is afkomstig van die nabygeleë Mossonrivier. Die stadion wat hoofsaaklik aan sokker toegewy word, word ook vir rugby gebruik en het 'n kapasiteit van 32 900 sitplekke. Tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 was die amptelike naam van die stadion Stade le Mosson-Mondial 98. Inhoud Geskiedenis[wysig | wysig bron] Met die stadion se inhuldiging in 1972 het die stadion wat tussen die ZUP-toring en die Mossonrivier geleë is nie na veel gelyk nie. Dit was bloot 'n grasvierkant waar die klein klub AS Paillade gespeel het. In 1974 het AS Paillade met Montpellier Littoral Sport Club (wat te vore by die Stade Richter gespeel het) saamgesmelt om geboorte te gee aan Montpellier la Paillade Sport Club Littoral, wat 'n ruk later die naam Montpellier Paillade Sport Club aangeneem het, waarvan die eerstespan in die Division d'Honneur se Suidoos-liga gespeel het. Die sowat 150 toeskouers wat elke Sondag houtpawiljoene of grondwalle plek ingeneem het sou skaar kon droom dat hulle die groei van 'n klub sou aanskou wat op die hoogste vlak sou speel onder die bestuur van die klub se emblematiese president Louis Nicollin. Die klub het in die seisoen van 1975/76 tot die derde divisie gestyg. Die klub het hierop voortgebou deur Olympique de Marseille uit die finale 32 uit te skakel. Hierna is die stadion vergroot en die aantrekkamers verbeter (die werk is binne drie weke voltooi). Op 13 Maart 1977 het 18 000 toeskouers aanskou hoe die klub hulle bure en tradisionele vyande Nîmois in die finale 16 geklop het. Die nuwe stadion is hierna beslis in die plek van stade Richter gebruik. La Mosson het 'n reputasie as 'n cauldron opgebou. Met tye het ondersteuners wat nie kaartjies kon bekostig nie ure voor wedstryde in bome geklim om die prestasies van die manne van Kader Firoud te volg. In 1988 met die klub se promosie na die eerste divisie, is die stadion verder vergroot om sitplek aan 23 500 te verskaf in lyn met die sportprestasies van die klub. Met die gebruik van die stadion tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 is die klub tot sy huidige grootte vergroot tot 'n kapasiteit van 35 500 sitplekke. Rugby word ook by die stadion gespeel en vele belangrike wedstryde van die finale fases van die Franse kampioenskap is al daar gehou. Vir die Rugbywêreldbeker 2007 is verdere verbetering aan die stadion aangebring insluitend beter beligting en kleedkamers. Internasionale wedstryde[wysig | wysig bron] Vyf poelwedstryde en 'n agste-eindrondte wedstryd is tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 by die Stade de la Mosson gehou. Dit het ingesluit die wedstryde tussen Marokko – Noorweë, Paraguay – Bulgarye, Italië – Kameroen, Colombia – Tunisië, Duitsland – Iran en Duitsland – Meksiko in die uitklop stadium. Ander internasionale sokker wedstryde was die tussen Brasilië – Algerië (2–0) op 22 Augustus 2007 (Amical). Die Franse sokkerspan het reeds vier keer op die stadion gespeel; teen RFA, Engeland, Andorra en Ivoorkus. In 2007 dien die stadion as die plek waar die kwarteindstryd van die Rugbywêreldbeker tussen die wenner van Poel X en die span wat tweede gekom het in Poel Y. Vier poelwedstryde word ook in die stadion beslis insluitend Suid-Afrika teen die Verenigde State op 30 September 2007. FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998[wysig | wysig bron] - Hoofartikel: FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998. Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers | ---|---|---|---|---|---|---| 10 Junie 1998 | 21:00 | Marokko | 2–2 | Noorweë | Groep A | 29 800 | 12 Junie 1998 | 14:30 | Paraguay | 0–0 | Bulgarye | Groep D | 27 650 | 17 Junie 1998 | 21:00 | Italië | 3–0 | Kameroen | Groep B | 29 800 | 22 Junie 1998 | 17:30 | Colombia | 1–0 | Tunisië | Groep G | 29 800 | 25 Junie 1998 | 21:00 | Duitsland | 2–0 | Iran | Groep F | 29 800 | 29 Junie 1998 | 16:30 | Duitsland | 2–1 | Meksiko | Agtste eindrondte | 29 800 | Rugbywêreldbeker 2007[wysig | wysig bron] - Hoofartikel: Rugbywêreldbeker 2007. Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers | ---|---|---|---|---|---|---| 12 September 2007 | 14:00 | Verenigde State | 15–25 | Tonga | Groep A | 25 000 | 16 September 2007 | 16:00 | Samoa | 15–19 | Tonga | Groep A | 24 128 | 23 September 2007 | 14:30 | Australië | 55–12 | Fidji | Groep B | 32 231 | 30 September 2007 | 20:00 | Suid-Afrika | 64–15 | Verenigde State | Groep A | 28 750 | Eksterne skakels[wysig | wysig bron] Wikimedia Commons bevat media in verband met Stade de la Mosson. |
<urn:uuid:080827ce-a3dc-48d5-bab5-eb78448d8503>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Stade_de_la_Mosson
2019-07-19T21:15:46Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526359.16/warc/CC-MAIN-20190719202605-20190719224605-00063.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999883
false
Bespreking:Quebecstad-Windsor-korridor Jump to navigation Jump to search Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Quebecstad-Windsor-korridor-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. | Artikelriglyne Daaglikse bladtrekke | |
<urn:uuid:38a301de-d31a-4332-a08d-03e4cea2c7fa>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Quebecstad-Windsor-korridor
2019-07-23T13:35:35Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529406.97/warc/CC-MAIN-20190723130306-20190723152306-00543.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999884
false
Evelyn Nesbit Jump to navigation Jump to search Evelyn Nesbit | | Geboortenaam | Florence Mary Nesbit | ---|---| Geboorte | 25 Desember 1884 | Nasionaliteit | Amerikaans | Sterfte | 17 Januarie 1967 (op 82) | Kinders | Russell William Thaw | Beroep(e) | Aktrise | Internet-rolprentdatabasis-profiel | Evelyn Nesbit (25 Desember 1884 – 17 Januarie 1967) was 'n Amerikaanse aktrise. Sy was bekend vir haar rolle in die rolprente Threads of Destiny (1914), Redemption (1917), I Want to Forget (1918), en Thou Shalt Not (1919). Filmografie[wysig | wysig bron] Rolprente[wysig | wysig bron] - 1914: Threads of Destiny - 1917: Redemption - 1918: I Want to Forget - 1918: The Woman Who Gave - 1918: Her Mistake - 1919: Thou Shalt Not - 1919: A Fallen Idol - 1919: My Little Sister - 1919: Woman, Woman! - 1922: The Hidden Woman Video's[wysig | wysig bron] - 1984: Nikola Tesla: Mad Scientist of the Gilded Age
<urn:uuid:75297626-7ee8-4a48-8a1d-dca5b50e4d71>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Evelyn_Nesbit
2019-07-23T14:04:52Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529406.97/warc/CC-MAIN-20190723130306-20190723152306-00543.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.967954
false
Kees van der Staaij Kees van der Staaij | | Kees van der Staaij in 2011 | | Parlementêre leier van die SGP in die Tweede Kamer Ampsbekleër | | Termynaanvang 10 Mei 2010 | | Voorafgegaan deur | Bas van der Vlies | ---|---| Lid van die Tweede Kamer Ampsbekleër | | Termynaanvang 19 Mei 1998 | | Persoonlike besonderhede Gebore | 12 September 1968 Vlaardingen, Nederland | Politieke party | SGP | Eggenoot/eggenote | Marlies van Ree | Alma mater | Leiden Universiteit | Religie | Oud Gereformeerde Kerke in Nederland | Van der Staaij het regte aan die Universiteit Leiden gestudeer en is lid van die Staatkundig Gereformeerde Party (SGP). Daarvoor was hy werksaam by die Raad van State, die belangrikste Buro vir Advies van die koning en sy ministers in Nederland. Sedert 19 Mei 1998 is hy 'n lid van die Tweede Kamer. Sedert 27 Maart 2010 is hy partyleier en sedert 10 Mei 2010 ook parlemêntere verteenwoordiger. Kees van der Staaij is getroud en het twee aangenome kinders. Hy is 'n lid van die Oud Gereformeerde Gemeentes in Nederland en woon in Benthuizen.
<urn:uuid:c70c3317-173f-4f32-b7e4-50b861bf52e0>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kees_van_der_Staaij
2019-07-23T13:42:34Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529406.97/warc/CC-MAIN-20190723130306-20190723152306-00543.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.997853
false
Johannes J. Smith Johannes J. Smith | | Geboortenaam | Johannes Jacobus Smith | ---|---| Gebore | 5 Oktober 1883 Tulbagh | Oorlede | 18 Junie 1949 | Nasionaliteit | Suid-Afrika | Beroep | Taalkundige | Bekend vir | Redigeer eerste Afrikaanse woordeboek | Professor Johannes Jacobus Smith (5 Oktober 1883 - 18 Junie 1949) was 'n Suid-Afrikaanse taalkundige en eerste redakteur van die amptelike Afrikaanse Woordeboek. Hy is naby Tulbagh gebore en ontvang sy opleiding in die Paarl en Stellenbosch voordat hy sy studies in die buiteland voortsit. Hier spesialiseer hy in die Germaanse tale. In Londen word hy tot die balie toegelaat en behaal die hoogste punte in Engeland. In 1914 word hy dekaan van die fakulteit Duits en Frans aan die destydse Victoria-kollege. Nadat dié kollege sy naam verander na die Universiteit van Stellenbosch in 1919 word hy professor in Afrikaans. Tussendeur was hy die redakteur van Ons Moedertaal en Die Huisgenoot van 1917 tot 1924. Hy was 'n lid van die SA Akademie en het gehelp om spelreëls te standaardiseer. Van 1925 tot 1943 was hy die redakteur van die Afrikaanse Woordeboek en hier het hy reusewerk verrig. Hy was ook betrokke in die geskil met die Akademie oor spelreëls totdat 'n kompromis bereik is in 1932. Hy was ook lid van die Pleknamekommissie en van die Gesamentlike Matrikulasieraad en ook 'n trustee van die Suid-Afrikaanse Kunsgalery. Hy tree in 1943 af as redakteur van die Woordeboek en is oorlede in 1949.
<urn:uuid:6cb200f7-8bc2-4c38-9a3c-1453a8406a1b>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Johannes_J._Smith
2019-07-16T05:14:03Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524502.23/warc/CC-MAIN-20190716035206-20190716061206-00167.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999995
false
616 Jump to navigation Jump to search 616 | ◄ | 6de eeu | ◄7de eeu► | 8ste eeu | ► | Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal | Sien ook: Kategorie:616 | Kalenders | | Die jaar 616 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 16de jaar van die 7de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad. Gebeure[wysig | wysig bron] Geboortes[wysig | wysig bron] Sterftes[wysig | wysig bron] - Koning Ethelbert van Kent.
<urn:uuid:800d3d7d-6c3b-47bc-a40e-aaaeecabb155>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/616
2019-07-18T13:43:32Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525634.13/warc/CC-MAIN-20190718125048-20190718151048-00487.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99994
false
Ridley Scott Ridley Scott | | Ridley Scott in 2015 Gebore | 30 November 1937 South Shields, graafskap Durham, Engeland | ---|---| Alma mater | Royal College of Art | Beroep | Regisseur en rolprentvervaardiger | Huweliksmaat | Felicity Heywood (1964, geskei in 1975) Sandy Watson (1979, geskei in 1989) Giannina Facio (2015) | Kind(ers) | Jake, Luke en Jordan | Sir Ridley Scott (* 30 November 1937) is 'n Engelse rolprentregisseur en -vervaardiger wie se kommersiële deurbraak in 1979 met die wetenskapsfiksiefilm Alien gekom het. Sy mees bekende werke is die neo-noir-distopiese wetenskapsfiksiefilm Blade Runner, die misdaaddrama Thelma & Louise (1991), die historiese drama Gladiator (2000, bekroon met die Oscar vir beste rolprent), die oorlogsrolprent Black Hawk Dawn (2001), die misdaadriller Hannibal (2001), die biografiese rolprent American Gangster (2007), en die wetenskapsfiksiefilms Prometheus (2012) en The Martian (2015). Scott staan bekend vir sy atmosferiese en hoogs gekonsentreerde visuele styl. Alhoewel sy rolprente grootliks varieer ten opsigte van toneelskikking en die tydperk waarin hulle afspeel, beeld Ridley daarin dikwels merkwaardige stedelike omgewings uit, wat van 2de eeuse Rome (in Gladiator), 12de eeuse Jerusalem (Kingdom of Heaven) en Middeleeuse Engeland (Robin Hood) tot hedendaagse Mogadisjoe en die futuristiese stadlandskap van Los Angeles in Blade Runner strek. 'n Ander kenmerk van sy werke is sterk vroulike karakters.
<urn:uuid:760e2a18-f037-4b09-855d-279e7f4595de>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Ridley_Scott
2019-07-18T13:51:33Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525634.13/warc/CC-MAIN-20190718125048-20190718151048-00487.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999522
false
Bath Bath | | Die Koninklike Halfmaan van Bath | | Koördinate: Koördinate: | | Land | Verenigde Koninkryk | ---|---| Land | Engeland | Unitary authority | Bath en Noordoos-Somerset | Seremoniële graafskap | Somerset | Oppervlak | | - Stad | 11,2 vk m (29 km²) | Bevolking (2011) | | - Stad | 83 992 | - Digtheid | 7 499/myl2 (2 896/km²) | Tydsone | MGT (UTC+00:00) | - Somer (DST) | BST (UTC+01:00) | Poskode | BA1, BA2 | Skakelkode(s) | 01225 | Webwerf: visitbath.co.uk | In 1590 het koningin Elizabeth I 'n koninklike oktrooi uitgereik waarvolgens stadstatus aan Bath verleen is. In 1889 het Bath as county borough in administratiewe opsig onafhanklik van die graafskap Somerset geword. Vanaf 1974 het die stad deel uitgemaak van die nie-metropolitaanse graafskap Avon. Nadat dié graafskap in 1996 ontbind is, het Bath die administratiewe sentrum van Bath en Noordoos-Somerset, 'n unitary authority, geword. Bath se oorsprong strek terug in die Romeinse tydperk. Dit is omstreeks 60 n.C., sowat twintig jaar ná die Romeinse verowering van Brittanje in 43, as ontspanningsoord naby 'n warmbron gestig, alhoewel die plek volgens mondelinge oorlewerings al vroeër bekend was. Die Latynse naam, Aquae Sulis, beteken "Waters (of Warmbaddens) van Sulis". Die Romeine het by die warmbronne in die Avon-riviervallei badhuise en 'n tempel op die heuwels in die omgewing gebou. In 973 is Edgar die Vreedsame in die Bath-abdy as koning van Engeland gekroon. Eeue later, in die Georgiaanse tydperk, het Bath as herstellingsoord gewild geraak. Die stad is uitgebrei en bewaar steeds 'n ryk erfenis van Georgiaanse boukuns, wat met plaaslike Bath-stene as materiaal geskep is. In 1987 is Bath deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys. Die stad het 'n verskeidenheid teaters, musea en ander kulturele en sportgeriewe wat tot sy gewildheid as toeristebestemming bygedra het. Meer as 3,8 miljoen besoekers bring jaarliks 'n besoek aan die stad. Naas twee universiteite, onder andere die Universiteit van Bath, is ook 'n aantal skole en kolleges in Bath geleë. Die plaaslike ekonomie steun veral op die dienstesektor, waaronder die vinnig groeiende inligtings- en tegnologiebedryf en ander toekomsgerigte sektore wat werkgeleenthede vir stadsbewoners en pendelaars uit die omgewing bied. Eksterne skakels[wysig | wysig bron] - Toerisme
<urn:uuid:4e86f9b3-933f-4477-9082-4756ab8d1201>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bath
2019-07-22T08:24:03Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527828.69/warc/CC-MAIN-20190722072309-20190722094309-00407.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999857
false
Basil D'Oliveira Basil D'Oliveira | |||||| ---|---|---|---|---|---|---| Volle naam | Basil Lewis D'Oliveira | ||||| Gebore | 4 Oktober 1931 Kaapstad, Unie van Suid-Afrika | ||||| Gesterf | 19 November 2011 (op 80) Worcester, Engeland, Engeland | ||||| Bynaam(e) | Dolly, Bas | ||||| Kolfstyl | Regshandig | ||||| Boulstyl | Mediumsnel-regshandig | ||||| Rol | Veelsydige speler, afrigter | ||||| Internasionale inligting | |||||| Nasionale span | Engeland | ||||| Toetsdebuut (no 432) | 16 Junie 1966 v Wes-Indië | ||||| Laaste Toets | 10 Augustus 1972 v Australië | ||||| EDI debuut (no 3) | 5 Januarie 1971 v Australië | ||||| Laaste EDI | 28 Augustus 1972 v Australië | ||||| Eersterang spaninligting | |||||| Jaar(e) | Span | ||||| 1960–1963 | Middleton C.C. | ||||| 1964–1980 | Worcestershire-krieketklub | ||||| Loopbaanstatistiek | |||||| Kompetisie | Toets | EDI | 1e rang | A-lys | || Wedstryde | 44 | 4 | 367 | 187 | || Lopies aangeteken | 2484 | 30 | 19490 | 3770 | || Kolfgemiddeld | 40,06 | 10,00 | 40,26 | 24,96 | || 100s/50s | 5/15 | 0/0 | 45/101 | 2/19 | || Hoogste telling | 158 | 17 | 227 | 102 | || Aflewerings geboul | 5706 | 204 | 41079 | 7892 | || Paaltjies | 47 | 3 | 551 | 190 | || Boulgemiddeld | 39,55 | 46,66 | 27,45 | 23.56 | || 5 paaltjies in 'n kolfbeurt | 0 | – | 17 | 1 | || 10 paaltjies in 'n wedstryd | 0 | n.v.t. | 2 | n.v.t. | || Beste boulontleding | 3/46 | 1/19 | 6/29 | 5/26 | || Vangskote/Stonkings | 29/– | 1/– | 215/– | 44/– | || Bron: Cricinfo, 10 April 2008 | Basil D'Oliveira (1931–2011) was ’n veelsydige bruin Suid-Afrikaanse krieketspeler. Hy het van 1966 tot 1972 in 44 toetse vir Engeland gespeel, maar weens die apartheidsbeleid nooit vir sy eie land nie. As regshandige kolwer het hy teen ’n gemiddeld van 40,06 lopies per kolfbeurt 2 484 toetslopies aangeteken. As mediumsnel-regsbouler het hy 47 toetspaaltjies ingeoes. In sy eersterangse loopbaan van 1964 tot 1980 het hy altesame 19 493 lopies aangeteken en 551 paaltjies geneem. Sy insluiting in ’n Engelse toerspan na Suid-Afrika het in 1976 tot die afgelasting van dié toer, ná heftige beswaar teen sy insluiting deur die destydse Suid-Afrikaanse eerste minister, John Vorster, gelei.[1] Lewensloop[wysig | wysig bron] Basil Lewis D'Oliveira is op 4 Oktober 1931 op Seinheuwel in Kaapstad in die destydse Unie van Suid-Afrika gebore.[2][3] As jong seun het hy in die bome buite die Nuweland-krieketveld geklim om na die wedstryde te kyk. Hy was later die kaptein van Suid-Afrika se nie-blanke krieketspan, en het ook vir Suid-Afrika se nie-blanke nasionale sokkerspan uitgedraf.[4] Hy emigreer in 1960 na Engeland en sluit in 1964 by die Worcestershire-krieketklub aan. In 1966 is hy vir die Engelse nasionale krieketspan gekies. In 1968 besef Suid-Afrikaanse krieketbeamptes dat sy insluiting in die Engelse span tot die kansellasie van die toer, en die moontlike uitsluiting van Suid-Afrika uit toetskrieket, sou lei. As gevolg van druk en om krieketbande met Suid-Afrika oop te hou, is aanvanklik besluit om hom nie te kies nie. As gevolg van Tom Cartwright se besering is D'Oliveira uiteindelik tog by die span ingesluit. John Vorster het dit egter reeds duidelik gemaak dat D'Oliveira se insluiting nie aanvaarbaar was nie. Ondanks talle onderhandelinge is die toer uiteindelik gekanselleer. Die D'Oliveira-saak het wyd publisiteit geniet en bygedra om internasionale opinie teen die apartheidsregime te draai.[5] Verwysings[wysig | wysig bron] - HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8 - Obituary, New York Times, 27 November 2011 - Sengupta, Arunabha (4 Oktober 2013). "Basil D'Oliveira: The man who triggered the international cricket boycott of South Africa". Cricket County. Besoek op 20 Maart 2015. - Thicknesse, John. "Player Profile: Basil D'Oliveira". CricInfo. ESPN. Besoek op 2009-06-11. - Jon Gemmell (2004). The Politics of South African Cricket. Routledge (UK). ISBN 0-7146-5346-2. - "Naomi's Story". Besoek op 4 November 2011. - "England news: Basil D'Oliveira dies aged 80 | England Cricket News". ESPN Cricinfo. Besoek op 2011-11-19. - "Basil d'Oliveira dies: Sport: Cricket". Sport24.co.za. Besoek op 2011-11-19. - "England legend D'Oliveira dies". news.bbc.co.uk. 19 November 2011. Besoek op 2011-11-19.
<urn:uuid:2c247935-54a3-4432-a097-fdac670e9223>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Basil_D%27Oliveira
2019-07-17T08:56:16Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525133.20/warc/CC-MAIN-20190717081450-20190717103450-00351.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998855
false
1815 Jump to navigation Jump to search 1815 | ◄ | 18de eeu | ◄19de eeu► | 20ste eeu | ► | Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal | Sien ook: Kategorie:1815 | Kalenders | | Slag van Waterloo | | Die jaar 1815 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 15de jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad. Gebeure[wysig | wysig bron] - 3 Februarie – Die eerste moderne kaasfabriek word in Switserland geopen. - 18 Februarie – Die ondertekening van die Vrede van Gent beëindig die Anglo-Amerikaanse Oorlog van 1812. - 20 Maart – Napoleon keer terug uit Elba. Begin van die Honderd Dae-oorlog. - 7 April – Die vulkaan Tombora bars uit en 92 000 mense sterf. - 30 Mei – Die HMS Arniston strand by Waenhuiskrans en 373 persone sterf. - 18 Junie – Napoleon word verslaan by Waterloo. - 22 Junie – Napoleon word weer gedwing om af te tree. - 17 Julie – Napoleontiese Oorloë: Napoleon gee by Rochefort, Frankryk, aan Britse magte oor. - Genève word weer 'n Switserse stad en die hoofstad van die nuwe gelyknamige kanton. - Slagtersnek-rebellie - In die Oos-Kaap kom Boere teen die Britte in opstand. Geboortes[wysig | wysig bron] - 24 Februarie – Henry Barkly, goewerneur van verskeie Britse kolonies, waaronder die Kaapkolonie († 1898). - 1 April – Otto von Bismarck, eerste minister van Pruise, kanselier van die Noord-Duitse Verbond en die eerste rykskanselier van die Duitse Keiserryk ( († 1898). - 19 Junie – Cornelius Krieghoff, Nederlands-gebore Kanadese skilder († 1872). - 7 Julie – Théodore Hersart de la Villemarqué, Bretonse skrywer († 1895). - 10 Desember – Ada Lovelace, Britse wiskundige en skryfster († 1852)
<urn:uuid:24bc2bd1-e70b-45fa-9335-d26dabb59447>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/1815
2019-07-19T21:14:26Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526359.16/warc/CC-MAIN-20190719202605-20190719224605-00111.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999751
false
Kategorie:Geografie van Italië Jump to navigation Jump to search Wikimedia Commons bevat media in verband met Geografie van Italië. | Subkategorieë Hierdie kategorie bevat die volgende 5 subkategorië, uit 'n totaal van 5. Bladsye in kategorie "Geografie van Italië" Die volgende 14 bladsye is in hierdie kategorie, uit 'n totaal van 14.
<urn:uuid:c6d83921-6ff0-4c3f-b66f-95c5729b241d>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Geografie_van_Itali%C3%AB
2019-07-16T04:27:42Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524502.23/warc/CC-MAIN-20190716035206-20190716061206-00215.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.989406
true
2 Oktober Jump to navigation Jump to search << | Oktober 2018 | >> | |||| So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa | 1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | ||| Al die dae | Gebeure[wysig | wysig bron] - 313 – Die eerste Lateraanse sinode vind plaas. - 1316 – Pous Johannes XXII neem sy intrek in Avignon. - 1529 – Martin Luther en Ulrich Zwingli ontmoet in Marbach. ’n Geskil oor die gebruik van die nagmaal lei daartoe dat Switserse en Duitse Protestante nie verenig nie. - 1623 – Pous Urbanus VIII stel sy neef Francesco Barberini sr. aan as kardinaal. - 1730 – Pous Clemens XII stel vier nuwe kardinale aan, waaronder Alessandro Aldobrandini, titulêr aartsbiskop van Rodi. - 1756 – Gregorio Barnaba Chiaramonti, later Pous Pius VII, word Benediktyner-monnik. - 1758 – Pous Clemens XIII stel Antonio Marino Priuli, biskop van Vicenza, en François-Joachim de Pierres de Bernis, kanunnik van Lyon, aan as kardinale. - 1826 – Pous Leo XII stel tien nuwe kardinale aan, waaronder Pietro Caprano, titulêr aartsbiskop van Iconio. - 1835 – Die Texaanse Onafhanklikheidsoorlog begin. - 1847 – Pous Pius IX stel munisipale bestuur van Rome in. - 1901 – Die Britse Vloot laat hul eerste duikboot te water. - 1958 – Guinee ontvang onafhanklikheid van Frankryk - 1990 – Die Duitse Demokratiese Republiek (DDR), wat sedert 7 Oktober 1949 op die grondgebied van die voormalige Sowjet-besettingsone in Oos-Duitsland en die Sowjet-sektor van (Oos-)Berlyn bestaan het, kom tot ’n einde. - 2004 – Parkrun word deur Paul Sinton-Hewitt gestig by Bushy Park in Londen, Engeland. Geboortes[wysig | wysig bron] - 1452 – Richard III, koning van Engeland († 1485). - 1852 – Curt von François, die stigter van Windhoek († 1931). - 1857 – MT Steyn, president van die Vrystaat († 1916). - 1867 – James Stevenson-Hamilton, Iers gebore Suid-Afrikaanse wild- en natuurbewaarder en soldaat († 1957). - 1869 – Mahatma Gandhi, Indiese massa-bewegingsleier († 1948). Sterftes[wysig | wysig bron] - 1264 – Pous Urbanus IV, 182ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±1195). - 1919 – Alfred Geist, Duits-Baltiese protestantse martelaar (* 1863). - 1920 – Max Bruch, Duitse komponis (* 1838).
<urn:uuid:29bb719d-9778-45d7-a700-216665e6c2ba>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/2_Oktober
2019-07-18T13:24:41Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525634.13/warc/CC-MAIN-20190718125048-20190718151048-00535.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.995302
false
Gebruiker:Renier Maritz Hello ek is Renier. Ek spandeer die meeste van my tyd by die Afrikaanse Wikipedia maar ek dink dit kan nuttig wees om hier 'n databasis van woorde op te bou, en spesifiek konsentreer op interwiki skakels met ander woorde en miskien net 'n kort verduideliking van hou die woorde vergelyk in verskeie kontekste.
<urn:uuid:fb699cc8-1265-4425-8206-176f18b4b29c>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wiktionary.org/wiki/Gebruiker:Renier_Maritz
2019-07-22T07:52:17Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527828.69/warc/CC-MAIN-20190722072309-20190722094309-00455.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
1.000004
true
Grand Canyon Grand Canyon National Park* | | ---|---| Unesco-wêrelderfenisgebied | | Die Grand Canyon in Arizona | | Posisie van die Vryheidstandbeeld in die Verenigde State Koördinate: Koördinate: | | Lande | Verenigde State | Tipe | Natuur | Kriteria | vii, viii, ix, x | Verwysings | 75 | Streek† | Noord-Amerika | Inskripsiegeskiedenis | | Inskripsie | 1979 (3de Sessie) | * Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn. † Streek soos deur Unesco geklassifiseer. | Die Grand Canyon is 'n bekende canyon in Arizona in die Verenigde State van Amerika. Die canyon is deur die Coloradorivier gevorm en is, na die Yarlung Tsangpo Canyon, die tweede langste canyon ter wêreld. Dit is 'n UNESCO-wêrelderfenisgebied,[1] nasionale park in die VSA en een van die sewe natuurlike wonders van die wêreld. Die Grand Canyon is 446 km (277 myl) lank, tot 29 km (18 myl) breed en op plekke 1.83 km (6000 voet) diep.[2] Bykans twee miljard jaar van die aarde se geologiese geskiedenis is blootgestel soos die Colorado en sy sytakke deur die aardkors sny, terwyl die Colorado-plato self deur tektoniese werking opgehef is.[3] Bewyse dui dat die Colorado ten minste 17 miljoen jaar gelede sy loop deur die canyon gevestig het.[4][5][6] Sedertdien het die Colorado voortdurend dieper en dieper deur die aardkors gevreet, tot die punt waar dit vandag is. Verwysings[wysig | wysig bron] - UNESCO, "Grand Canyon National Park"; besoek op 2012-04-18 - Kiver, E.P.; Harris, D.V. (1999). Geology of US Parklands. Wiley. p. 902. - Geologic formations of the Grand Canyon National Park Service. Besoek op 2009-11-17 - Ranney, Wayne (2005). Carving Grand Canyon: evidence, theories, and mystery. Grand Canyon Association. ISBN 978-0-938216-82-7. - "Grand Canyon still grand but older". New York Times. 2008-03-07. - (2008-03-07) “Age and evolution of the Grand Canyon revealed by U-Pb dating of water table-type speleothems”. Science 319 (5868): 1377–1380. doi:10.1126/science.1151248.
<urn:uuid:f6daf313-883e-49ba-be6b-b81a71471038>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Grand_Canyon
2019-07-16T04:49:04Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524502.23/warc/CC-MAIN-20190716035206-20190716061206-00239.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998783
false
Wikipedia:Spoedige verwyderings In teenstelling met Wikipedia se proses om onensiklopediese artikels vir verwydering te nomineer, is daar ook artikels wat vir spoedige verwydering kwalifiseer. In hierdie beperkte aantal gevalle mag administrateurs Wikipedia-bladsye sonder bespreking verwyder. Gebruikers wat nie administrateursregte het nie, kan die spoedige verwydering van 'n bladsy aanvra deur {{skrap|"rede"}} bo-aan 'n bladsy voeg, waar "rede" die plekhouer vir 'n geldige rede vir verwydering is. In hierdie geval verwys "spoedige" na die eenvoudige beslissing om die bladsy te skrap, nie na die tydsduur sedert die skepping van die bladsy nie. Hierdie bladsye bevat die kriteria vir spoedige verwydering. Die noue bewoording behoort aan gebruikers duidelik te maak welke bladsye vir spoedige verwydering kwalifiseer, al dan nie. Wanneer 'n gebruiker twyfel, kan hy die bladsy eerder vir verwydering nomineer, wat bespreking rondom die verwydering behels. Soms kan oorleg op die besprekingsblad of met die skepper van die bladsy ook tot 'n oplossing lei. Indien 'n bladsy reeds 'n verwyderingsgesprek oorleef het, kan dit slegs vir spoedige verwydering kwalifiseer indien bewyse van kopieregskending ontdek word. Die skepper van die bladsy mag nie self die sjabloon verwyder nie: indien hy nie saamstem met die gegewe rede nie, kan hy die saak op die betrokke blad se besprekingsblad opper. Net omdat 'n bladsy aan een van die vereistes hier onder voldoen, beteken nie dat dit spoedige verwydering vereis word nie. Gebruikers mag sulke bladsy wysig om dit te verbeter, die inhoud saam met ander artikels smelt, ens. in 'n poging om die inhoud aanvaarbaar te maak. Soms word artikels deur nuwe gebruikers ook met stampe en stote bygevoeg: gebruik diskresie om te oordeel tussen blatante vandalisme en 'n artikel wat miskien nog aan gewerk gaan word. Indien daar 20 minute na die eerste wysiging geen ander wysigings aangebring is nie, kan daar aanvaar word dat dit bloot 'n toetswysiging of vandalisme was. Wanneer 'n gebruiker die "spoedige verwydering"-sjabloon toevoeg, moet daar ook gemeld word waarom die bladsy vir spoedige verwydering kwalifiseer (uit die redes hieronder genoem). Alhoewel dit nie vereis word nie, behalwe in die geval van kopieregskending, word dit ook as bedagsaam beskou om die goedbedoelde skepper en ander hoofbydraers van die betrokke bladsy te verwittig dat hulle werk moontlik geskrap gaan word. Inhoud Algemeen[wysig bron] Hierdie kriteria is van toepassing op alle naamspasies. - Blatante nonsens: 'n onbegrypbare bladsy sonder enige betekenisvolle inhoud wat nie gered kan word nie. Dit sluit nie swak of kru taal, fiktiewe materiaal, vandalisme, anderstalige teks, grappe, ens. in nie, alhoewel sommige van hierdie wel as vandalisme verwyder mag word. - Toetsbladsye: Gebruikers wat wil eksperimenteer is welkom om dit in die sandput te doen, of as deel van hulle gebruikersbladsy. - Wikipedia:vandalisme: dit sluit blatante en duidelike verdraaiing van inhoud in. - Skepping van reeds-geskrapte materiaal: 'n kopie, onder enige titel, van 'n bladsy wat as gevolg van 'n verwyderingsnominasie verwyder is, indien die kopie merkbaar identies is aan die verwyderde weergawe en enige veranderings in die kopie nie sodanig is dat die oorspronklike rede vir verwydering nie meer geldig is nie. - Geblokkeerde gebruiker: Bladsye wat deur geblokkeerde gebruikers geskep word, ten spyte van hulle blokkering, wat geen noemenswaardige wysigings deur ander gebruikers het nie. - Tegniese verwydering: Instandhouding wat nie omstrede is nie, soos die tydelike verwydering van 'n bladsy om 'n knip-en-plak skuif te herstel, verwydering van ongebruikte, verouderde kategorieë, ens. - Bladsye wat van 'n verwyderde bladsy of bladsy wat nie bestaan nie afhanklik is: soos gebreekte aansture, besprekingsbladsy waarvan die projekblad verwyder is, subbladsye sonder 'n hoofbladsy, beeldinligtingsbladsye sonder die relevante beeld, ens. In die geval waar so 'n bladsy 'n geldige bespreking bevat of andersins inligting wat nuttig kan wees, moet die bladsy eerder geargiveer word vir toekomstige verwysing. Plaaslike beeldinligtingsbladsye en beeldbesprekingsbladsye van beelde wat op die Wikimedia Commons gehuisves word, moet ook behoue bly. - Verwyderings deur die Wikimedia-stigting: die Wikimedia-stigting behou die reg om 'n bladsy (tydelik) spoedig te verwyder in uitsonderlike gevalle. Die terugplasing van die bladsy moet in so 'n geval nie gebeur sonder die toestemming van die Stigting nie. - Bladsye wat slegs geskep is om die onderwerp aan te val en/of te kleineer (b.v. "Jan Smit is 'n imbesiel."). Dit sluit ook bedreigings of 'n biografie van 'n lewende persoon wat geheel en al negatief is en nie van bronne voorsien is nie en wanneer daar geen neutrale weergawe is waarna die bladsy teruggerol kan word nie. Administrateurs moet in sulke gevalle nie die inhoud van die bladsy in die verwyderingsopsomming aanhaal nie en, in indien die artikel oor 'n lewendige persoon handel, moet dit nie herstel of herskep word totdat dit 'n neutrale oorsig bied en van betroubare bronne voorsien is nie. - Blatante reklame: bladsye wat iets of iemand adverteer en fundamenteel herskryf sou word om ensiklopedies te word. Let wel: bloot omdat 'n artikel 'n besigheid of produk as onderwerp het, beteken nie dat dit outomaties as reklame kwalifiseer nie. - Blatante kopieregskending: teksbladsye wat materiaal bevat wat aan kopiereg onderhewig is en geen geloofwaardige bewering rakende 'n vrye lisensie maak of die teks in die publieke domein stel nie en waar daar geen toegestane (vrye) materiaal is wat behoue kan bly nie. Slegs indien daar geen weergawe bestaan wat vrylik gebruik kan word nie, moet die bladsy geheel en al geskrap word. Indien daar wel vroeë weergawes bestaan wat nie as kopieregskendings kwalifiseer nie, moet na die laaste bruikbare weergawe teruggerol word. Onthou om te kyk of die vermeende bron van die kopieregskending nie self 'n Wikipedia-kloon is nie. Stel ook die oorspronklike bydraer in kennis indien die bladsy om hierdie rede verwyder gaan word. Artikels[wysig bron] Gebruik Wikipedia:Bladsyverwydering vir artikels wat nie as kandidate vir spoedige verwydering kwalifiseer nie. - Geen konteks. Baie kort artikels wat 'n tekort aan voldoende konteks het waardeur die onderwerp van die artikel geïdentifiseer kan word. Voorbeeld: "Hy is 'n snaakse man met 'n rooi kar. Hy laat mense lag." Konteks is nie dieselfde as inhoud nie (sien onder). - Anderstalige artikels wat van 'n ander Wikimedia-projek gekopieer is. Anderstalige artikels wat nie op 'n ander Wikimedia-projek verskyn nie, kan met {{vertaal}} gemerk word. Twee weke na die artikel met hierdie sjabloon gemerk is en steeds nie vertaal is nie, kwalifiseer dit vir spoedige verwydering. - Geen inhoud. 'n Artikel (buiten dubbelsinnigheidsbladsye en aansture) wat slegs uit eksterne skakels, kategorieë en/of "sien ook"-afdelings bestaan, of 'n herfrasering van die titel, pogings om die persoon/groep/onderwerp van die artikel in kontak te kom, geselserige kommentaar, sjablone en/of beelde. 'n Baie kort artikel mag wel 'n geldige saadjie wees indien dit konteks het, wat beteken dat die nie vir spoedige verwydering kwalifiseer nie. Hierdie kriterium dek ook nie 'n bladsy met slegs 'n inligtingskas wat ensiklopediese inligting bevat nie. - Transwiki-artikels. Enige artikel wat, b.v. slegs uit 'n woordeboekdefinisie bestaan en reeds na Wiktionary geskuif is, of 'n artikel wat b.v. uit primêre bronmateriaal bestaan en reeds na Wikisource geskuif is. - 'n Artikel oor 'n regte persoon, organisasie (musiekgroep, besigheid, ens.) of webblad wat nie aandui waarom die onderwerp belangrik is nie'. B.v. "Jan Hendrik is in Bloemfontein gebore en werk hoofsaaklik in Johannesburg" in teenstelling met "Jan Hendrik is 'n bekende akteur wat in Bloemfontein gebore is hoofsaaklik in Johannesburg werk". Hierdie kriterium is apart van sake rondom verifieerbaarheid en betroubaarheid van bronne. Om spoedige verwydering te vermy hoef 'n artikel nie te bewys dat sy onderwerp noemenswaardig is nie, maar wel 'n redelike aanduiding gee waarom dit moontlik noemenswaardig kan wees. Hierdie kriterium is slegs van toepassing op artikels oor webinhoud, mense en organisasies, nie op artikels van boeke, musiekalbums, ens. nie. Met moontlik omstrede sake, moet 'n artikel liewer vir verwydering genomineer word. - Artikels oor 'n musikale opname wat nie aandui waarom die onderwerp van belang is nie en waar die kunstenaar se artikel nie bestaan nie of voorheen verwyder is. Hierdie kriterium is apart van sake rondom verifieerbaarheid en betroubaarheid van bronne. Om spoedige verwydering te vermy hoef 'n artikel nie te bewys dat sy onderwerp noemenswaardig is nie, maar wel 'n redelike aanduiding gee waarom dit moontlik noemenswaardig kan wees. Hierdie kriterium is nie van toepassing op artikels oor ander vorms van kreatiewe media nie. Aansture[wysig bron] Aanstuurbladsye met 'n nuttige geskiedenis moet nooit spoedig verwyder word nie. Dit kan ook soms moontlik wees om 'n aanstuur nuttig te maak deur bloot die teiken te wysig. - Aansture vanaf die artikelnaamruimte na die Bespreking:, Beeld:, Beeldbespreking: Gebruiker: of Gebruikerbespreking:- naamruimtes. - Onlangs geskepde aansture van ongeloofwaardige tikfoute of verkeerde benamings. Aansture van algemene spelfoute (bv. Vietnam i.p.v. Viëtnam) en aansture vanaf anderstalige vorms is oor die algemeen nuttig. - Vir tegniese doeleindes, b.v. die omdraai van 'n aanstuur (m.a.w. Dier -> Diere word omgedraai na Diere -> Dier), waar 'n skuif opgehou word, ens. Beelde en media[wysig bron] Vir beelde en ander media wat nie vir spoedige verwydering kwalifiseer nie, moet gebruik gemaak word van Wikipedia:Bladsyverwydering. - Oorbodig. Enige beeld of medialêer wat 'n oorbodige kopie is, in dieselfde formaat is en dieselfde (of laer) resolusie as die ander lêer het. Let wel: dis slegs geldig vir beelde wat 'n kopie van 'n plaaslike lêer is. - 'n Korrupte of leë beeld. Voor hierdie soort lêer verwyder word, moet daar bevestig word dat die MediaWiki-enijn dit nie kan lees nie deur 'n duimnaelskets daarvan te probeer besigtig. - Lisensie is onvanpas. Beelde wat gemerk is as "slegs vir nie-kommersiële gebruik", "geen wysigings" of "met toestemming aan Wikipedia". - Tekort aan lisensiëringsinligting. Beelde in die kategorieë Kategorie:Beelde met onbepaalde kopieregstatus, Kategorie:Beelde met verdagte lisensies, Kategorie:Beelde sonder etikette en Kategorie:Beelde sonder bronne wat reeds twee weke (14 dae) of meer daar verkeer en steeds die nodige inligting kort, ongeag van wanneer dit opgelaai is. Let wel: soms word die bron in die oplaai-opsomming gegee. - Ongebruikte nie-vrye beelde. Beelde en media wat nie onder 'n vrye lisensie verskyn nie en nie in enige artikel gebruik word nie. - Kort 'n "billike gebruik"-rasionaal. Nie-vrye beelde/media wat beweer dat die gebruik hier as "billike gebruik" kwalifiseer, maar nie 'n gebruiksrasionaal het nie, moet as sulks geëtikeer word en na twee weke geskrap word, indien 'n geldige rasionaal nie bygevoeg word nie. Die algemene "billike gebruik"-sjabloon geld nie as 'n rasionaal nie. - Ongeldige bewering van "billike gebruik". - Nie-vrye beelde/media wat deur 'n vrye weergawe vervang kan word. Die beelde moet as sulks gemerk word en die oplaaier twee weke gegun word om 'n rede te gee waarom hy glo dat die beeld nie vervang kan word nie. - Beelde waarvan identiese kopieë by die Wikimedia Commons bestaan. Let wel: - Die Commons-weergawe moet in dieselfde formaat wees en dieselfde of hoër resolusie hê. - Daar mag geen twyfel bestaan oor die beeld se lisensie- /bronstatus nie; verder moet die lisensie ook aanvaar wees by die Commons. - Alle nodige inligting op die plaaslike beeldinligtingblad moet ook op die Commons se inligtingblad wees. Indien die plaaslike beeld die bron vir die Commons-beeld is, moet die oplaai-inligting (gebruikersname, tyd, datums) ook daarheen geskuif word. - Indien daar geen nuttige inligting is wat op die plaaslike bladsy behoue moet bly nie, moet die bladsy self ook verwyder word. - Indien die beeld se plaaslike lêernaam verskil van dié op die Commons, moet alle plaaslike verwysings na die lêer gewysig word om na die korrekte beeld te skakel. - Maak seker dat die beeld nie om een of ander rede beskerm is nie. - Blatante kopieregskendings. Beelde waar die oplaaier bewerings van 'n vrye lisensie maak, wanneer dit duidelik nie die geval is nie. 'n URL of ander bronaanduiding moet genoem word. - Nuttelose medialêers. Opgelaaide lêers wat nie beeld-, klank- of videolêers is nie (b.v. .doc, .pdf of .xls-lêers) en wat nie in enige artikel gebruik word nie. - Geen bewys van toestemming nie: Indien die oplaaier 'n bron gespesifiseer het en 'n derde party as die bron/kopiereghouer genoem het, sonder om bewys te lewer dat die party inderdaad toestemming tot die gebruik van die beeld gegee het, mag die beeld twee weke na kennisgewing verwyder word. Aanvaarbare bewys van 'n lisensie is óf 'n skakel na die bronwerf waar melding van die gegewe lisensie gemaak word of 'n verklaring deur die kopiereghouer wat na email@example.com gestuur/aangestuur is. So 'n bevestiging word ook vereis indien die oplaaier beweer dat hy die bron ('n instelling, webwerf, ens.) verteenwoordig. In gevalle van duidelike kopieregskending, waar die oplaaier geen redelike verwagting kan hê om toestemming te verkry nie (b.v. plakate van internasionale filmbedrywe, skote uit televisiereekse, ens.) kan volgens kriterium 9 spoedig verwyder word. Kategorieë[wysig bron] - Leë kategorieë wat ten minste vier dae reeds leeg staan. Het nie betrekking op dubbelsinnigheidkategorieë, aanstuurkategorieë of kategorieë wat onder bespreking is nie. Het ook nie betrekking op kategorieë wat van tyd tot tyd leeg mag wees nie, b.v. Kategorie:Moontlike kopieregskendings. - Kategorieë wat spoedig hernoem is. Let wel, die kategorie mag eers verwyder word ná die betrokke artikels geherkategoriseer is. - Tik- en spelfoute (b.v., Entrepeneurs -> Entrepreneurs) - Titelkas -> sinskas(b.v., Afrikaanse Digters → Afrikaanse digters). - Enkelvoud -> Meervoud (e.g., Taal → Tale). - Vorms wat nie konvensie volg nie, b.v. "Dorpe en stede in Suid-Afrika", i.p.v. "Stede en dorpe in Suid-Afrika". - Ander nie-omstrede korreksies. Gebruikersbladsye[wysig bron] Vir gebruikersbladsye wat nie vir spoedige verwydering kwalifiseer nie, moet die normale verwyderingsproses gevolg word. - Op versoek van gebruiker. Persoonlike gebruikersbladsye en subbladsye kan op versoek van die betrokke gebruiker spoedig verwyder word. In sommige gevalle mag dit om administratiewe redes nodig wees om 'n gebruikersblad te behou. - Gebruiker bestaan nie. Gebruikerbladsye van gebruikers wat nie bestaan nie (sien Special:Listusers). Sjablone[wysig bron] Vir sjablone wat nie vir spoedige verwydering kwalifiseer nie moet die normale verwyderingsproses gevolg word. Omring die "spoedige verwydering"-sjabloon met <noinclude></noinclude>, sodat bladsye wat die sjabloon gebruik nie ook vir verwydering gelys word nie. - Sjablone in die "sjabloon"-naamspasie wat strydwekkend en opruiend is. Algemene kriterium 10 kan ook van toepassing wees. - Sjablone wat blatante wanvoorstellings van vasgestelde beleid is. - Sjablone wat nie op nuttige wyse gebruik word nie en óf grootliks 'n duplikasie van 'n ander sjabloon is, óf waar dieselfde funksie deur 'n ander sjabloon verskaf kan word, kan verwyder word na dit 14 dae lank reeds vir verwydering gemerk is. Ongeldige kriteria[wysig bron] Die volgende redes is nie, in sigself, genoeg om die spoedige verwydering van 'n blad te regverdig nie. - Redes afgelei uit Wikipedia:Wat Wikipedia nie is nie. Wikipedia is nie: "'n woordeboek", "'n kennisbank", ens. - Oorspronklike navorsing. Dit is nie altyd maklik om te oordeel of die inhoud van 'n artikel die beleid teen nuwe teorieë of interpretasies oortree nie, en of dit slegs nie die nodige bronne bevat nie. - Noemenswaardigheid. Artikels wat skynbaar onnoemenswaardige onderwerpe het, kwalifiseer slegs vir spoedige verwydering indien die artikel nie die belangrikheid of noemenswaardigheid van die onderwerp aanvoer nie. - Op versoek van outeur, wanneer die versoek nie in goedertrou gemaak is nie, uit frustrasie gemaak is, of gemaak is in 'n poging om sy GFDL-bydraes te herroep. Bladsye in hul gebruikersnaamspasie mag wel verwyder word. - Op versoek van outeur, na ander outeurs reeds aansienlike bydraes aan dieselfde artikel aangebring het. Indien ander se wysigings meer as slegs klein korreksies, byvoeging van interne skakels, ens. is, mag daar nie aan die betrokke outeur se versoek voldoen word nie. - Baie kort artikels. Kort artikels met genoeg inhoud én konteks wat as 'n saadjie kwalifiseer mag nie met die redes "Geen konteks" of "Geen inhoud" verwyder word nie. Ander kriteria mag egter steeds van toepassing wees. - Kopieë wat nie kopieregskendings is nie. Indien 'n teks beide as artikelinhoud hier en elders (moontlik in aangepaste vorm) op die web verskyn is dit moontlik dat die teks oorspronklik van Wikipedia afkomstig is. Dit is ook moontlik dat dieselfde outeur beide weergawes geskryf het; of die oorspronklike weergawe elders, is onder 'n vrye lisensie beskikbaar. - Bevraagtekenbare materiaal wat nie vandalisme is nie. Bydraes wat in goedertrou gemaak is is nie vandalisme nie en moenie as "vandalisme" verwyder word tensy daar geen twyfel bestaan nie. Verwyderingssjabloon[wysig bron] Indien 'n bladsy vir spoedige verwydering kwalifiseer kan u die sjabloon {{skrap|rede}} bo-aan die bladsy voeg. In plaas van "rede", moet u die rede gee waarom die bladsy vir spoedige verwydering kwalifiseer. Meld in die wysigingsopsomming dat u die bladsy vir spoedige verwydering gemerk het en meld ook die rede. Die artikel sal dan onder Kategorie:Kandidate vir spoedige verwydering gekategoriseer word en mettertyd deur 'n administrateur verwyder word. Prosedure vir administrateurs[wysig bron] Onthou om die rede vir verwydering in die verwyderingsopsomming te gee. In sommige gevalle behoort die artikel se skepper ook in kennis gestel te word. Voor 'n bladsy verwyder word, moet na die bladsy se geskiedenis gekyk word om seker te maak of dit nie moontlik is om 'n vroeër weergawe van die bladsy te herstel en sodoende huidige probleme op te los nie. Daar moet ook na die volgende opgelet word: - Die oorspronklike wysigingsopsomming kan inligting oor die bron van of die rede vir die artikel bevat. - Die besprekingsblad verwys moontlik na vorige verwyderingsbesprekings, of bevat onlangse besprekings wat die verwydering/behoud van die artikel aangaan. - Die bladsy se logboek mag inligting rakende vroeër verwyderings bevat wat beteken dat die bladsy teen herskepping beskerm moet word of eerder gehou moet word. - "Skakels hierheen" kan na soortgelyke artikels lei wat ook verwyder moet word. Vir artikels wat nie herskep moet word nie, behoort skakels daarheen in ander artikels verwyder te word.
<urn:uuid:6f88d160-e2c3-41c8-820d-fea8ba8257fb>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Wikipedia:Spoedige_verwyderings
2019-07-22T08:08:56Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527828.69/warc/CC-MAIN-20190722072309-20190722094309-00479.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
1.000005
false
Religie Jump to navigation Jump to search Religie bestaan uit verskeie sisteme van geloof, godsdiens, en praktyk wat deur mense dwarsoor die wêreld beoefen word. Inhoud Abrahamitiese gelowe[wysig | wysig bron] - Trinitariese Christendom - Katolisisme - Oosterse Christendom - Nestorianisme - Oosters-Katolieke Kerke [1] - Oosterse Ortodoksie - Oriëntale Ortodoksie - Protestantisme - Adventisme - Anabaptisme - Anglikanisme - Baptisme - Calvinisme - Episkopalisme - Evangelikalisme - Vergadering van Gelowiges (Plymouth Brethren) - Hussiete - Morawiese kerk (Herrnhutters) - Irvingisme (Apostoliese Kerke) - Kongregasionalisme - Kwakers - Lutheranisme - Messiaanse Christendom - Metodisme - Piëtisme - Pinksterbeweging - Presbiterianisme - Waldense - Nie-trinitariese Christendom - Groepe met andere 'heilige boeke' of gesaghebbende openbaringes naas die Bybel: - Gnostiese Christene - Rabbynse Judaïsme - Konserwatiewe Judaïsme (Masorti Judaïsme) - Liberale Judaïsme - Ortodokse Judaïsme - Nie-Rabbynse Judaïsme - Kabbalah[3] - Messiaanse Judaïsme[2] Islam[wysig | wysig bron] - Soennisme - Sjiïsme - Ahmadiyya - Nasie van Islam – Swart Moslems - Soefisme [5] - Volks-Islam - Hindoeïsme - Boeddhisme [6] - Ayyavazhi - Djainisme - Sikhisme - Vediese religie of Brahmanisme Oos-Asiatiese gelowe[wysig | wysig bron] - Aetherius-geselskap - Antroposofie - Mistisisme - Natuurreligie - Okkultisme - Paganisme (Heidendom) - Sciëntologie - Teosofie - Vierde Weg - Vrymesselary Ander religies[wysig | wysig bron] Religieuse filosofieë[wysig | wysig bron] - Agnostisisme - Ateïsme - Deïsme - Monoteïsme - Paganisme - Pandeïsme - Panenteïsme - Panteïsme - Politeïsme - Post-teïsme - Teïsme - Universalisme Verwysings[wysig | wysig bron] Sien religie in Wiktionary, die vrye woordeboek. | - Die Oosters-Katolieke Kerke behoort aan die Katolisisme asook aan die Oosterse Christendom. - Messiaanse Judaïsme is 'n kombinasie van Judaïsme en Christendom. - Kabbalah is 'n Esoteriese Judaïsme. - Droese is Misties-Islamities. - Soefisme is Esoteries-Islamities. - Die Boeddhisme het uiteindelik buite Indië gevestig. - Hinayana / Theravada het uiteindelik gevestig in Suid-Oos Asië. - Mahayana het uiteindelik gevestig in Oos-Asië. - Hermetisme is Misties asook Okkult.
<urn:uuid:a748acf7-f3f9-404c-93f4-1cf57d1816b8>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Religie
2019-07-16T04:23:44Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524502.23/warc/CC-MAIN-20190716035206-20190716061206-00287.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998145
false
Black Hills Die Black Hills is 'n ovaal bergagtige gebied, ongeveer 200 km by 97 km groot, wat 'n uitloper van die Rotsgebergte in die deelstate van Suid-Dakota en Wyoming vorm. Die hoogste punt in die berge is Harney Peak op 2,208 meter. GeskiedenisWysig Hout was die eerste hulpbron wat in die berge ontgin is. Dit was gebruik as brandhout op die spoorlyne en as boumateriaal in die boomlose vlaktes. In 1860 is goud in die berge ontdek wat tot 'n goudstormloop aanleiding gegee het. Die Homestead-goudmyn is in 1878 geopen. Teen 1963 was daar reeds $20,300,000 se goud in die myn ontgin. Daar kom ook ander minerale in die berge voor. Die bekende Mount Rushmore is in die berge. BronWysig - Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 4, Bladsy 236.
<urn:uuid:9aedb3dd-da1f-46be-8e5c-590de8feba25>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Black_Hills
2019-07-22T07:56:08Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527828.69/warc/CC-MAIN-20190722072309-20190722094309-00527.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999692
false
Kokoseilande Nasionale leuse: Maju Pulu Kita (Maleis vir: "Ons ontwikkelde eiland") | ||||| Volkslied: Advance Australia Fair | ||||| Hoofstad | West Island Grootste stad | Bantam Amptelike tale | Engels (de facto) | |||| Regering • • Goewerneur-generaal• Administrateur Federale parlementêre grondwetlike monargie Elizabeth II Peter Cosgrove Barry Haase | |||| Onafhanklikheid Stigting• Anneksasie deur die• Oorgeplaas naAustraliese beheer Australiese eksterne gebied 1857 1955 | |||| Oppervlakte - Totaal - Water (%) | 14 km2 5,4 myl2 feitlik niks | |||| Bevolking - 2009-skatting - Digtheid | 596[1] (241ste) 43 / km2 112 / myl2 | |||| Geldeenheid | Australiese dollar (AUD ) Tydsone - Somertyd | CCT (UTC+6:30) nie toegepas nie (UTC+6:30) | |||| Internet-TLD | .cc | |||| Skakelkode | +61 891 | Die Kokoseilande (Engels: Cocos (Keeling) Islands), amptelik die Gebied van die Kokoseilande (Territory of Cocos (Keeling) Islands of Cocos Islands and Keeling Islands), is twee ringvormige eilande suidwes van Java in die Indiese Oseaan tussen Australië en Sri Lanka. Die eilande is 'n gebiedsdeel van Australië met 'n oppervlakte van 14 km² en het 'n bevolking van 596 in 2009 gehad. Die hoofstad is West Island en die grootste stad is Bantam. Die Kokoseilande is in 1609 deur kaptain William Keeling ontdek. Maleisiese Naam | Engelse Naam | Oppervlakte (km²) | ---|---|---| Pulau Luar | Horsburgh Island | 1,04 | Pulau Tikus | Direction Island | 0,34 | Pulau Pasir | Workhouse Island | 0,00 | Pulau Beras | Prison Island | 0,02 | Pulau Gangsa | Woeplace Islets | <0,01 | Pulau Selma | Home Island | 0,95 | Pulau Ampang Kechil | Scaevola Islet | <0,01 | Pulau Ampang | Canui Island | 0,06 | Pulau Wa-idas | Ampang Minor | 0,02 | Pulau Blekok | Goldwater Island | 0,03 | Pulau Kembang | Thorn Island | 0,04 | Pulau Cheplok | Gooseberry Island | <0,01 | Pulau Pandan | Misery Island | 0,24 | Pulau Siput | Goat Island | 0,10 | Pulau Jambatan | Middle Mission Isle | <0,01 | Pulau Labu | South Goat Island | 0,04 | Pulau Atas | South Island | 3,63 | Pulau Kelapa Satu | North Goat Island | 0,02 | Pulau Blan | East Cay | 0,03 | Pulau Blan Madar | Burial Island | 0,03 | Pulau Maria | West Cay | 0,01 | Pulau Kambling | Keelingham Horn Island | <0,01 | Pulau Panjang | West Island | 6,23 | Pulau Wak Bangka | Turtle Island | 0,22 | Verwysings[wysig | wysig bron] Eksterne skakels[wysig | wysig bron] - Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kokoseilande. - ( Toerisme-inligting oor ) Kokoseilande op Wikivoyage Australië | |||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|
<urn:uuid:e1ac750f-df28-4971-9a6a-cb5a47300bfa>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kokoseilande
2019-07-22T08:04:32Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527828.69/warc/CC-MAIN-20190722072309-20190722094309-00527.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.941195
false
Swartvin-rifhaai Swartvin-rifhaai | |||||||||||||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Bewaringstatus | |||||||||||||||||||||| Wetenskaplike klassifikasie | |||||||||||||||||||||| Binomiale naam | |||||||||||||||||||||| Carcharhinus melanopterus (Quoy & Gaimard, 1824) | |||||||||||||||||||||| Verspreiding gebied van die swartvin-rifhaai Sinonieme | |||||||||||||||||||||| Carcharias elegans Ehrenberg, 1871 | Die Swartvin-rifhaai (Carcharhinus melanopterus) is 'n haai wat voorkom in die Stille Oseaan, die Indiese Oseaan, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die suide van Mosambiek. In Engels staan die haai bekend as die Blackfin reef shark. Identifikasie[wysig | wysig bron] Die haai word tot 250 cm lank, dus 'n medium grote haai. Die haai se lyf is grys tot grys-bruin met 'n kort stomp en ronde snoet. Die onderkant van die haai is lig. Al die vinne, insluitend die stertvin, se punte is swart. Dit word beklemtoon omrede die dorsalevin en onderste gedeelte van stertvin witterig van kleur is. Daar is witterige streep op die sye. Die haai leef in koraalriwwe en vlak kus strandmere in water wat tot 30m diep is. Die haai se vinne en rug word gesien wanneer dit in vlak water swem. Hulle is alleenlopers maar jag saam in groepe. Hulle vreet vis, skaaldiere en koppotiges. Sien ook[wysig | wysig bron] - Alfabetiese lys van visse - Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name - Lys van varswater visfamilies - Lys van visfamilies Eksterne skakel[wysig | wysig bron] Bron[wysig | wysig bron] - The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3 Verwysings[wysig | wysig bron] - Blainville H. de 1816. Prodrome d'une nouvelle distribution systématique du règne animal. Bull. Soc. Philomath. Paris v. 8. 105-112 [sic for 113-120] +121-124.
<urn:uuid:d393b6aa-c431-4f4c-a1e8-d64382b3f2e2>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Carcharhinus_melanopterus
2019-07-19T20:55:12Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526359.16/warc/CC-MAIN-20190719202605-20190719224605-00231.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.987312
false
Andrei Tarkofski Andrei Arsenjewitsj Tarkofski (Russies: Андрей Арсеньевич Тарковский, wetenskaplike transliterasie: Andrej Arsen’evič Tarkovskij; * 4 April 1932 in Sawrasjje (Завражье), Sowjetunie; † 29 Desember 1986 in Parys, Frankryk) was 'n Sowjet-Russiese rolprentregisseur, filmteoretikus, toneel- en operaregisseur wat deur baie deskundiges as een van die leidende filmmakers van die 20ste eeu erken word. Tarkofski se rolprente sluit Andrei Roebljof, Solaris, Die Spieël en Stalker in. Sy laaste twee films het in respektiewelik Italië en Swede ontstaan. Tarkofski se werk word deur spirituele en metafisiese onderwerpe, 'n gebrek aan konvensionele dramatiese strukture en storielyne asook ongewone kamerawerk met soms baie langsame bewegings gekenmerk. Eksterne skakelsWysig Wikimedia Commons bevat media in verband met Andrei Tarkofski. |
<urn:uuid:c31cb7ec-bcb2-49c2-a720-8944e272dbf7>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Andrei_Tarkofski
2019-07-22T07:27:28Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527828.69/warc/CC-MAIN-20190722072309-20190722094309-00551.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99964
false
Bespreking:Olifantshoek Jump to navigation Jump to search Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Olifantshoek-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. | Artikelriglyne Daaglikse bladtrekke | |
<urn:uuid:6e5abc3b-ee6b-4edf-a090-6859c7a06ee9>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Olifantshoek
2019-07-16T05:04:20Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524502.23/warc/CC-MAIN-20190716035206-20190716061206-00335.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999992
false
Hulp Kategorie:Voorstede van Pietermaritzburg in Wikipedia, die vrye ensiklopedie Jump to navigation Jump to search Nedersettings in Suid-Afrika KwaZulu-Natal } → Nedersettings in KwaZulu-Natal → Pietermaritzburg Nedersettings Geografie van Suid-Afrika } → Nedersettings in Suid-Afrika → Voorstede in Suid-Afrika } → Voorstede van Pietermaritzburg Bladsye in kategorie "Voorstede van Pietermaritzburg" Hierdie kategorie bevat slegs die volgende bladsy. A Alexandra Park Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Kategorie:Voorstede_van_Pietermaritzburg&oldid=1684346 " Kategorieë : Pietermaritzburg Voorstede in Suid-Afrika Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Kategorie Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Druk/eksporteer Skep boek Laai af as PDF Drukbare weergawe Gereedskap Skakels hierheen Verwante veranderings Spesiale bladsye Permanente skakel Bladinligting Wikidata-item Ander tale Voeg skakels by Die bladsy is laas op 1 Julie 2018 om 17:15 bygewerk. Die teks is beskikbaar onder die lisensie Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel . Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting. Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:5e19cc25-e1a4-40fa-8dab-d322a450f5cc>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Voorstede_van_Pietermaritzburg
2019-07-16T04:22:04Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524502.23/warc/CC-MAIN-20190716035206-20190716061206-00335.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998973
false
Springbokke - Hierdie artikel handel oor die sportspan "Springbokke". Vir die artikel oor die dier, sien Springbok. Suid-Afrika | |||| Unie | Suid-Afrikaanse Rugbyunie | ||| Bynaam(e) | Springbokke, Bokke of amaBokoboko | ||| Embleem | Springbok en protea | ||| Stadion | Ellispark-stadion Kings Park-stadion Loftus Versfeld Nelson Mandelabaai-stadion Nuwelandstadion Vrystaat-stadion | ||| President | Mark Alexander | ||| Afrigter(s) | Rassie Erasmus | ||| Kaptein(s) | Siya Kolisi | ||| Statistiek ---|---|---|---|---| Meeste toetse | Victor Matfield (127) | ||| Meeste toetspunte | Percy Montgomery (893) | ||| Meeste drieë | Bryan Habana (67) | ||| Eerste internasionale wedstryd | |||| Suid-Afrika 4–0 Britse en Ierse Leeus (30 Julie 1891) | |||| Grootste oorwinning | |||| Uruguay 5–134 Suid-Afrika (11 Junie 2005) | |||| Grootste nederlaag | |||| Nieu-Seeland 57–0 Suid-Afrika (16 September 2017) | |||| Wêreldbeker | |||| Verskynings | 6/8 (Eerste in 1995) | ||| Beste uitslag | Kampioen, 1995, 2007 | ||| Amptelike webwerf | |||| www.sarugby.net | Die Springbokke, Bokke of amaBokoboko is Suid-Afrika se nasionale rugbyspan. Die Springbokke speel jaarliks teen die All Blacks van Nieu-Seeland, die Wallabies van Australië en Argentinië in die Rugbykampioenskap (voorheen die Drienasiesreeks) sowel as aan ander internasionale kompetisies soos die Rugbywêreldbeker. Alhoewel die Springbokke nie aan die eerste twee Wêreldbekertoernooie kon deelneem nie as gevolg van die sportboikot teen Suid-Afrika, het die land in 1995 as gasheer vir die toernooi opgetree en in hulle debuutverskyning die beker gewen. Die Springbokke het die All Blacks in die eindstryd met 15-12 geklop, 'n gebeurtenis wat tot vandag as een van die grootste prestasies in Suid-Afrika se sportgeskiedenis gesien word. Die Springbokke speel in groen-en-goud truie en speel reeds sedert 1891 internasionale rugby toe 'n span van die Britse Eilande 'n toer na Suid-Afrika onderneem het waartydens die Springbokke hulle eerste toets op 30 Julie gespeel het. Die Springbokke word as een van die toprugbyspanne ter wêreld beskou. Die vorige afrigter was Allister Coetzee. Rassie Erasmus is die afrigter vanaf 2018 en die kaptein is Siya Kolisi. Inhoud - 1 Geskiedenis - 2 Springbokdrag - 3 Rekords - 4 Sien ook - 5 Verwysings - 6 Verdere leesstof - 7 Eksterne skakels Geskiedenis[wysig | wysig bron] Beginjare[wysig | wysig bron] Toe Canon George Ogilvie, wat die bynaam Gog gehad het, in 1861 skoolhoof van Diocesan College in Kaapstad geword het, het hy die vorm van voetbal wat by die Winchester Skool gespeel is ingevoer. Dié weergawe van voetbal, wat hantering ingesluit het, en as "Gog's Game" bekend gestaan het, word gesien as die begin van Rugby in Suid-Afrika.[1][2] Jong mans in Kaapstad het spoedig ook die spel begin speel en op 23 Augustus 1862 het die Cape Argus verslag gedoen oor die eerste gepubliseerde wedstryd in Suid-Afrika tussen 17 leër offisiere van die Elfde Regiment en 15 staatsamptenare, wat John X. Merriman ingesluit het, by Groenpunt in Kaapstad.[3] Die wedstryd het met 'n gelykop uitslag van 0-0 geëindig. Die plaaslike pers het in daardie tyd verslag gedoen oor 'n reeks voetbalwedstryde tussen saamgerapte spanne; "Dorp teen die Woonbuurte" of "Tuis (Brits)-gebore teen Koloniaal-gebore".[1][4] Daar is in omtrent 1875 begin om Rugby in die Kaapkolonie te speel. Die volgende jaar is die eerste rugbyklub (teenoor Winchester voetbal) gevorm. Die voormalige internasionale speler William Henry Milton het in 1878 uit Engeland in Kaapstad aangekom. Hy het by die Villagersklub aangesluit en rugby begin speel en verkondig. Teen die einde van dié jaar het Kaapstad die Winchester-spel so te sê ten gunste van rugby laat vaar.[2] Britse koloniste het gehelp om die spel in die Oos-Kaap, Natal en langs die goud- en diamantroetes na Kimberley en Johannesburg te versprei. Britse troepe sou ook 'n leidende rol in die uitbreiding van die spel oor die hele land speel.[4] In 1883 is die Stellenbosch-klub gevorm in die boerderydistrik buite Kaapstad. Rugby is entoesiasties deur die jong Boere aangeneem. Die spel was teen daardie tyd sterk genoeg in die Wes-Kaap vir die Westelike Provinsie Rugbyvoetbalunie om gevorm te word. Griekwaland-Wes het in 1886 gevolg, Oostelike Provinsie in 1888, en Transvaal in 1889.[4] Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie is ook in 1889 gestig.[1] Die eerste landswye toernooi is in 1889 in Kimberley gehou met die Westelike Provinsie wat Griekwaland-Wes, die Oostelike Provinsie en Transvaal geklop het. Eerste internasionale wedstryde[wysig | wysig bron] Die eerste Britse Leeutoer na Suid-Afrika het in 1891 plaasgevind. Die toer is hoofsaaklik deur die Westelike Provinsie en die Eerste Minster van die Kaapkolonie, Cecil Rhodes, befonds.[5] Dit was die eerste verteenwoordigende wedstryde deur Suid-Afrikaanse spanne wat nog besig was om die spel aan te leer. Die besoekers het altesaam twintig wedstryde gespeel wat hulle almal gewen het en waarin slegs een drie teen hulle aangeteken is. Drie wedstryde wat teen streekspanne gespeel is, is as toetse beskou, alhoewel "Suid-Afrika" in 1891 nie as 'n politieke eenheid bestaan het nie. In 'n noemenswaardige gebeurtenis tydens die toer het die Britse span die Currie Beker aan Griekwaland-Wes toegeken, die provinsie wat tydens die toer na hulle mening die beste gepresteer het. Die Leeus se sukses het voortgeduur op die opvolgtoer van 21 wedstryde in 1896. Die Leeus het drie uit vier toetse teen Suid-Afrika gewen. Suid-Afrika se spel het egter heelwat verbeter sedert die 1891-toer. Die voorspelers het veral beïndruk en die span se eerste sege was 'n teken van wat die toekoms sou inhou. Suid-Afrika se span het vir die eerste keer mirtegroen truie gedra wat die kaptein, Barry Heatlie, by sy Old Diocesian-klub geleen het.[6] Die wendrie is deur die Transvaalse losskakel, Alf Larard, gedruk.[6] Rugby in Suid-Afrika het 'n groot hupstoot gekry deur die besoeke deur die Leeus wat belangstelling in die Suid-Afrikaanse pers uitgelok het. Voor die Tweede Vryheidsoorlog is rugby nie algemeen in die Transvaal gespeel nie, en nog minder in die Oranje-Vrystaat. Georganiseerde rugby is in die twee Boererepublieke slegs in die stede en myndistrikte gespeel en skynbaar glad nie op die platteland nie. Tydens die oorlog is 27 000 Boere krygsgevange geneem waarvan 24 000 na oorsese kampe in Britse gebiede in Sint Helena, Ceylon, Indië en Bermuda asook na Portugal gestuur is. Die speel van rugby het die Boere-krygsgevangenes 'n verlossing van die swaarkry in die kampe gebied en dit was in dié tydperk wat 'n groot deel van die Boere-gevangenes vir die eerste keer met rugby kennis gemaak het. Ná die oorlog sou rugby veral in die platteland onder die invloed van die teruggekeerde krygsgevangenes onder die Afrikanergemeenskap posvat. Sokker en rugby was die enigste spansporte wat vir die boere toeganklik was en rugby het die voordeel gebied dat dit makliker op rowwe ongelyke grond gespeel kon word.[3] In die Kaap sou die Universiteit van Stellenbosch 'n belangrike rol speel as die teelaarde van toekomstige spelers en administrateurs. Die eerste dokumentêre bewys van 'n rugbyklub by Stellenbosch dateer uit 1880, hoewel die Universiteitsklub eers amptelik in 1919 gestig is. Stellenbosch se ligging naby Kaapstad, waar die spel reeds goed gevestig was teen die einde van die 19de eeu, het ongetwyfeld bygedra tot die ontwikkeling van rugby in Stellenbosch. Vandaar is rugby na die platteland versprei deur die jaarlikse rugbytoer en deur Afrikaanse onderwysers en predikante uit Stellenbosch.[7] Skaars 'n jaar na die Vrede van Vereeniging gesluit is om 'n einde te maak aan die Boereoorlog het die Britse Leeus in 1903 vir hulle derde besoek in Suid-Afrika aangekom. Die Leeus sou vir die eerste keer 'n reeksnederlaag in Suid-Afrika lei nadat hulle gelykop gespeel het in die eerste twee toetse en die laaste op 5 September 1896 op Nuweland 8-0 verloor het.[8] Op die toer kon die Leeus slegs 11 van hulle 22 wedstryde wen.[9] Die Suid-Afrikaners sou in teenstelling hiermee tot in 1956 nie weer 'n reeks verloor nie – tuis of weg. In die finale toets het Suid-Afrika se span weer die groen kraaglose Old Diocesan-truie gedra wat hulle in hulle eerste oorwinning in 1896 gedra het.[6][10] Die sukses wat die span in die toets in die groen trui behaal het, het gelei tot 'n besluit om voortaan altyd in groen te speel.[6] Springboknaam[wysig | wysig bron] Daar is reeds voor die 1903-besoek deur die Leeus besluit om 'n groen trui met 'n springbok as embleem vir Suid-Afrika se nasionale span te gebruik. Die embleem kon egter nie betyds borduur word vir die reeks nie.[11] Dit is dus oorgelaat aan die eerste Suid-Afrikaanse span wat oorsee getoer het in 1906/1907 om die eerste Springboktruie te dra. Die 1906/7 span het groen truie met wit krae gedra met swart broeke en blou kouse.[6] Paul Roos was die kaptein van dié eerste Springbokspan, wat oorheers is deur spelers van die Westelike Provinsie. Die eerste toer na Brittanje het in 1906/7 plaasgevind en het 29 wedstryde ingesluit. Engeland het daarin geslaag om gelykop te speel, maar Skotland was die enigste van die Britse tuisunies wat teen die Springbokke kon wen. Die naam 'Springbokke' is vir die eerste keer tydens die 1906/7 toer gebruik. Die toerbestuurder, amptenare en Paul Roos het die naam by 'n vergadering uitgedink om die Britse pers daarvan te verhoed om hulle eie bynaam vir die span te bedink. Roos het aan koerante gesê om om die span 'De Springbokken' te noem. Die Daily Mail het daarna 'n artikel gepubliseer waarin na die 'Springboks' verwys is. Die span het van toe af baadjies met 'n springbok op die linkersak gedra. Die toer het bygedra tot die heel van wonde na die Tweede Vryheidsoorlog en het 'n sin van nasionale trots onder Suid-Afrikaners gekweek. Die term 'Springbok' is later gebruik vir alle individue of spanne wat Suid-Afrika internasionaal verteenwoordig het ongeag van die sportsoort. Die tradisie is beëindig met die begin van die demokratiese bedeling in 1994 in Suid-Afrika en tans word die term slegs vir die nasionale rugbyspanne gebruik. Die Springbokke het ook die Engelse Kanaal gekruis om 'n nie-amptelike wedstryd teen 'n Franse span te speel wat saamgestel was uit lede van twee Paryse klubs: Stade Français en Racing Club de France. Die amptelik Franse span was op daardie stadium op besoek aan Engeland. Die Springbokke het 13 drieë aangeteken in hulle oorwinning van 55-6. Die 1903-Leeutoer en die Springbokke se eerste toer word gesien as belangrike gebeurtenisse in die versoening tussen die blanke groepe in Suid-Afrika na die verwoestende effek van die Tweede Vryheidsoorlog. Paul Roos se toerspan het spelers soos Billy Millar, wat ernstig gewond is in die oorlog, A.F.W. Marsberg en W.C. Martheze wat aan die Britse kant geveg het ingesluit sowel as burgers wat die Boererepublieke ondersteun het, soos W.S. Morkel wat 'n krygsgevangene in Sint Helena was.[9] Paul Roos het hom as volg oor die saak uitgespreek:[9] Die toer het ook die beeld van Afrikaners en Suid-Afrikaners in Brittanje verbeter, nadat oorlogspropaganda die Boere as agterlik beskryf het. Tydens 'n dinee na die gelykopwedstryd teen Engeland het Paul Roos die saak volgens die Sportsman as volg beskryf:[9] Die 1910-Leeutoer na Suid-Afrika was die eerste wat verteenwoordigers van al vier Britse tuisunies ingesluit het. Die toerspan het gemiddelde sukses teen nie-toetsspanne behaal met oorwinnings in net meer as die helfte van hulle wedstryde. Kaptein Tom Smyth van Ierland se besoekers kon slegs een van hulle drie toetse wen, die tweede toets in Port Elizabeth met 'n telling van 8-3. Die Springbokke het die eerste en laaste toetse 14-10 in Johanneburg en 21-5 in Kaapstad gewen om die reeks 2-1 te beklink.[12] Die Bokke se tweede Europese toer het in 1912/13 plaasgevind. Op die toer het die Springbokke al vier tuisunies verslaan om hulle eerste "Grand Slam" te behaal (Springbokke teen: Skotland 16-0, Ierland 38-0, Wallis 3-0, Engeland 9-3). Die span het ook teen Frankryk gewen (38-5 in Bordeaux). Tussenoorlogse era[wysig | wysig bron] Die Eerste Wêreldoorlog het internasionale rugby onderbreek. Die oorlog sou ook die Springbok Jackie Morkel se lewe eis toe hy in gevegte in Oos-Afrika omgekom het. In 1924 het die Britse en Ierse Leeus Suid-Afrika vir die eerste keer sedert 1910 besoek. Die Leeuspan is deur beserings geteister en swak skopwerk het die span verder in die steek gelaat. Die 1924-Leeus kon slegs nege van hulle 21 wedstryde in Suid-Afrika wen en hulle het al vier die toetse verloor. 'n Wedstryd teen die Westelike Provinsie het ook toetsstatus geniet. Die All Blacks het Suid-Afrika vir die eerste keer in 1928 besoek. Die reeks het weereens gelykop geëindig. Eers in 1937 het Suid-Afrika daarin geslaag om die dooie punt te verbreek met 'n 2-1 reeksoorwinning in Nieu-Seeland. Die reeksoorwinning oor Nieu-Seeland het gevolg op 'n 2-0 reeksoorwinning teen Australië se Wallabies. Die All Blacks kon eers in 1956 daarin slaag om Suid-Afrika tuis in Nieu-Seeland te klop en het selfs langer geneem om die Springbokke in 1996 in Suid-Afrika te klop. Met die Springbokke se 1931/32-toer na die Britse Eilande behaal hulle hul tweede "Grand Slam". Die span het 'n magtige pak voorspelers gehad, wat gebaat het by die skopskoen van die losskakelkaptein Benny Osler. 'n Sterk Walliese span is met 8-3 verslaan by St Helen's met Danie Craven wat 'n uitstekende debuutvertoning gelewer het. In 1938 het die Leeus weer Suid-Afrika besoek. Die Leeus het meer as die helfte van hulle gewone wedstryde gewen. Die Springbokke het, soos verwag is, die eerste twee toetse gewen (Johannesburg 26-12, Port Elizabeth 19-3). Die Leeus het egter verras met 'n 21-16 oorwinning in die derde toets in Kaapstad, die eerste Leeus-oorwinning teen Suid-Afrika sedert 1910.[13] Naoorlogse era[wysig | wysig bron] In 1949 is Danie Craven as afrigter aangestel. Die Springbokke sou onder sy leiding 10 wedstryde na mekaar wen wat 'n 4-0 pak slae oor Nieu-Seeland op hulle 1949 toer na Suid-Afrika insluit. Die Nieu-Seelanders het 'n swaar pak voorspelers, wat almal meer as 90 kg geweeg het, gekies. Craven het sy strategie op die spoed van die Transvaalse agsteman, Hennie Muller, gebaseer. Muller sou die All Black-skakelpaar teister en die span sou 'n vinnige pas op die wedstryd afdwing om 'n oorwinning teen die swaar All Blacks te verseker.[14] Die 1951/52 span is beskou as een van die beste Springboktoerspanne van alle tye. Die span het op hulle besoek aan die Britse Eilande Suid-Afrika se derde Grand Slam behaal deur al vier Tuis-unies te klop. Hennie Muller het die kapteinskap by Basil Kenyon oorgeneem nadat laasgenoemde 'n ernstige oogbesering opgedoen het. Die span het ook Frankryk verslaan en het 30 van hulle 31 wedstryde op die toer gewen. Tydens hulle 1955 besoek aan Suid-Afrika het die Leeus 19 van hulle 25 wedstryde gewen en in een gelykop gespeel. Die toetsreeks van vier wedstryde het gelykop geëindig. Die span onder Ierse kaptein en slot Robin Thompson se taktiek was om op elke moontlike geleentheid met die bal te hardloop eerder as om met die Springbokke se voorspelers slaags te raak. Die taktiek het die Leeuspan gehelp om nuwe standaarde te stel vir opposisie teen die Springbokke wat as byna onoorwinlik beskou is.[15] In 1956 slaag Nieu-Seeland vir die eerste keer daarin om 'n reeksoorwinning oor die Springbokke te behaal onder die kapteinskap van Bob Duff. Met die verrassende insluiting van Don Clarke van Waikato, wat die bynaam 'The Boot' gekry het, het die All Blacks die beslissende strafdoele behaal wat die reeks in hul guns beklink het. In 1958 word Frankryk die tweede land uit die Noordelike Halfrond om Suid-Afrika te besoek. Die Franse het die Springbokke geskok deur die toetsreeks van twee te wen. Die span is gelei deur Lucien Mias, in die plek van die beseerde toerkaptein Michel Celaya. Die onderskatte Franse het gelykop gespeel in die eerste toets op Nuweland (3-3). Die prestasie is oortref toe die Franse die Springbokke 9-5 op Ellispark geklop het. Die toer is as 'n keerpunt in die geskiedenis van Franse rugby gesien wat aangedui het dat hulle nou onder die beste rugbylande ter wêreld getel het. Die 1958-toer is gevolg deur besoeke in 1964 (1-0 wen vir Frankryk) en 1967 (3-1 wen vir die Springbokke). Die Springbokke het hulle laaste "Grand Slam" van die 20ste eeu in 1960/61 gewen toe Avril Malan se span al vier tuisunies verslaan het op 'n viermaande, 34-wedstrydsege deur Europa. Die Bokke kon die prestasie nie in 1969/70, 1998, of 2004 herhaal nie. Die span het 'n voorspelergeoriënteerde spel gespeel waarin intimidasie 'n belangrike rol gespeel het. Opposisiespelers het 'n reeks omstrede beserings opgedoen. Die Bokke het hulle finale wedstryd 6-0 teen die Britse Barbarians in Cardiff verloor, teen wat moontlik die beste Barbarianvoorspelers was. In hulle 1962-toer na Suid-Afrika het die Leeus 16 van hulle 25 wedstryde gewen en 4 keer gelykop gespeel. Hulle het egter nie goed gevaar in die toetse nie en het al drie verloor. Die toer is gekenmerk deur die voorspelerspel wat in die verlede soveel sukses aan die Springbokke besorg het.[16] Toenemende internasionale druk teen Suid-Afrika oor apartheid het gelei tot 'n onsuksesvolle poging om die 1960 Nieu-Seelandtoer na Suid-Afrika af te gelas. Die Nieu-Seelandse Rugbyunie het later wel die beplande 1967-toer gekanselleer toe die Suid-Afrikaanse regering geweier het dat Maori-spelers in die All Blackspan ingesluit word. In 1968 het die Leeus 15 van hulle 16 provinsiale wedstryde gewen maar drie toetse verloor en in een gelykop gespeel. Die Springboktoer na Brittanje en Ierland in 1969 is begroet met groot anti-apartheid betogings. Wedstryde moes agter doringdraadversperrings gespeel word. Die tuisunies het oor 'n nuutgevonde selfvertroue beskik en die besoekende Springbokke het twee van hulle sewe wedstryde in Wallis verloor, teen Newport en teen 'n saamgestelde span uit Gwent. Wallis het byna hulle eerste oorwinning oor die Springbokke behaal met 'n gelykopuitslag van 6-6. Die Sewentigs en Tagtigs[wysig | wysig bron] Toe die All Blacks in Junie-Julie 1970 in Suid-Afrika kom speel het, het die Springbokke die toetsreeks 3-1 gewen. Die Eerste Minister van Nieu-Seeland het die 1973 Springboktoer na Nieu-Seeland gekanselleer, maar die 1976 All Blacktoer na Suid-Afrika het wel voortgegaan ondanks teenkanting deur die Arbeidersregering en die Nieu-Seelandse publiek. Die Springbokke het die reeks weereens met drie toetse teen een gewen. Die toer wat saamgeval het met die skoliere-opstand, wat sy middelpunt in Soweto gehad het, het verreikende gevolge vir internasionale sport gehad. 'n Aantal regerings en sportliggame het besluit om verdere sportbyeenkomste met Nieu-Seeland te boikot. Nadat die Nieu-Seelandse Olimpiese Vereniging geweier het om hulle van die rugbyfederasie te distansieer het Afrikalande hulle uit die Montreal Olimpiese spele onttrek in protes teen Nieu-Seeland se deelname. Guyana en Irak het by die Afrikalande aangesluit en ook onttrek. Die boikot het die wêreld se aandag op samewerking met Apartheid-sport gevestig.[17] Massiewe anti-apartheidbetogings het die 1971 Springboktoer na Australië ontsier. Die Suid-Afrikaanse span moes met Australiese Lugmagvliegtuie vervoer word nadat vakbonde geweier het om vliegtuie of treine wat die Springbokke vervoer het, te bedryf. Die Springbokke se toer het begin met wedstryde in Perth, Adelaide en Melbourne. Die Springbokke het al drie toetse gewen met tellings van 18-6, 14-6, en 19-11. Die Leeus-span wat Suid-Afrika in 1974 besoek het was onoorwonne vir 22 wedstryde en het die reeks 3-0 (met een gelykop uitslag) gewen. Die bestuur van die Leeus het tot die gevolgtrekking gekom dat die Springbokke hulle opponente met fisiese aggressie domineer. Die Leeus het besluit om "hulle vergelding eerste in te kry" met hulle berugte '99 call'. Die idee was dat 'n Suid-Afrikaanse skeidsregter waarskynlik nie al die Leeus sou afstuur as hulle almal teruggeveg het teen blatante vuilspel nie. By die "Slag van Boet Erasmusstadion", een van die mees geweldadige in rugbygeskiedenis, het JPR Williams oor die helfte van die veld gehardloop en 'Moaner' van Heerden aangeval na so 'n roep.[18][19] In 1977 het die Volkebond die Gleneagles Ooreenkoms geteken wat sportkontak met Suid-Afrika ontmoedig het. In 1977 het die gesegregeerde Suid-Afrikaanse rugbyunies saamgesmelt en vier jaar later word Errol Tobias die eerste nie-blanke Suid-Afrikaner om die land te verteenwoordig toe hy vir die Springbokke teen Ierland uitgedraf het. Na openbare teenkanting en internasionale voorleggings het die Franse regering die 1979 Springboktoer na Frankryk afgelas en aangekondig dat dit "onvanpas" was vir Suid-Afrikaanse spanne om na Frankryk te toer. Op 8 April 1983 het die Franse regering alle Franse sportorganisasies verbied om verdere kontak met Suid-Afrika te hê as gevolg van die land se apartheidbeleid. Dit lei tot die kansellasie van die beplande Franse rugbytoer na Suid-Afrika in 1983 ondanks vertoë deur Albert Ferrasse, president van die Franse Rugbyfederasie.[20] Massabetogings het ook 'n Suid-Afrikaanse toer na die VSA begroet en 'n einde is aan sulke toere gemaak. Die Britse en Ierse Leeus het weer in 1980 na Suid-Afrika getoer. Die span het 'n perfekte nie-toetsrekord behaal deur al veertien hulle nie-toetswedstryde te wen. Hulle het egter die eerste drie toetse verloor voor hulle daarin kon slaag om die laaste te wen. In weerwil van die Gleneagles-ooreenkoms het die 1981 Springboktoer na Nieu-Seeland voortgegaan. Suid-Afrika het die reeks 2-1 verloor, maar die toer het gevolge vèr buite rugby gehad. As 'n indirekte gevolg van die toer is Suid-Afrika deur die Internasionale Rugbyraad van internasionale kompetisie verban totdat Apartheid beëindig is. Suid-Afrika het gepoog om die land se internasionale sportisolasie teë te werk deur die Suid-Amerikaanse Jaguars uit te nooi op 'n toer na Suid-Afrika. Agt wedstryde is tussen die twee spanne gespeel in die vroeë 1980's. In 1985 het voorbereiding vir 'n beplande All Black toer na Suid-Afrika in Nieu-Seeland plaasgevind te midde van ondersteuning en teenkanting in die land. 'n Toerspan is gekies en sou oor vyf dae na Suid-Afrika vertrek toe die hooggeregshof in Nieu-Seeland 'n interdik toegestaan het om die toer te stop. Die hof het beslis dat die toer nie in die Nieu-Seelandse Rugbyunie se grondwetlike belang was in terme van die bevordering van die spel nie. Nieu-Seeland se Eerste Minister, David Lange, het verklaar dat die span nie as verteenwoordigers van die Nieu-Seelandse Rugbyunie kon toer nie maar dat spelers as "indiwidue" kon gaan. Spelers het 'n private toer gereël, maar dié is ook afgelas en 'n toer na Argentinië is in die plek van die toer na Suid-Afrika gereël. In Suid-Afrika en in Nieu-Seeland was daar mense wat steeds 'n toer van Nieu-Seeland na Suid-Afrika sou ondersteun. Laat 1985 vind 'n vergadering plaas in Hong Kong tussen die Nieu-Seelanders Andy Haden, Andy Dalton, Ian Kirkpatrick en Aucklandse sakeman Winston McDonald en 'n groep Suid-Afrikaners gelei deur Louis Luyt (Voorsitter van die Transvaalse Rugbyunie) en Johan Claassen van Volkskas Bank, waarin reëlings vir 'n rebelletoer na Suid-Afrika getref is. 'n Toer deur 'n span wat as die Kavaliers bekend gestaan het, het in 1986 plaasgevind deur 'n span wat 28 van die 30 spelers wat vir die 1985 All Blacks toer gekies is, ingesluit het.[21] Die Kavaliers het 12 wedstryde in Suid-Afrika gespeel insluitend vier wat as "toetse" bestempel is. Die Springbokke het die eerste, derde en vierde toetse gewen en die rebelle kon nie die droom om die Springbokke in Suid-Afrika te klop verwesenlik nie. Die Geel Bladsye het die toer vir R2,5 miljoen geborg wat beskryf is as die grootste rugbyborgskap in Suid-Afrika tot op daardie stadium. Gerugte het die rondte gedoen dat die spelers betaal is, op 'n stadium toe rugby nog streng amateurstatus geniet het.[22] Die hoofinpak van die Kavalierstoer in Nieu-Seeland was ontwrigting van die All Blacks se voorbereiding vir die eerste Rugbywêreldbeker in 1987. Die rebelle is baie lig gestraf en is slegs vir twee toetse geskors. Lede van die Kavaliers het maklik gemeng met hulle tydelike plaasvervangers, die sogenaamde ‘Baby Blacks’. Die Kavaliers se beproewing op die Suid-Afrikaanse Hoëveld het waarskynlik bygedra dat die All Blacks die eerste Wêreldbeker gewen het. Meer as die helfte van die span wat Frankryk in die eindstryd geklop het, was voormalige Kavaliers.[21] In 1989 het 'n Wêreld XV met die toestemming van die Internasionale Rugbyraad 'n mini-toer na Suid-Afrika onderneem. Al die belangrike rugbylande, behalwe Nieu-Seeland, het spelers aan die span verskaf met tien Walliesers, agt Franse, ses Australiërs, vier Engelse, een Skot en 'n Ier. Die 1990's[wysig | wysig bron] Op 2 Februarie 1990 maak Suid-Afrika se nuwe president FW de Klerk dramatiese aankondigings wat lei tot die ontbanning van die ANC, die vrylating van Nelson Mandela en uiteindelik tot die opheffing van Apartheid en die eerste demokratiese verkiesing vir alle Suid-Afrikaners in 1994. Die politieke veranderinge het spoedig tot Suid-Afrika se terugkeer na internasionale sportdeelname gelei. Tot die 1990's het die Springbokke 'n positiewe wenrekord teen elke nasie waarteen hulle gespeel het. Na Suid-Afrika se hertoetrede tot internasionale rugby in 1992 het die span aanvanklik gesukkel om hulle vorige hoë standaarde te handhaaf. In hulle eerste wedstryd na hertoelating het die Springbokke op 15 Augustus met 27-24 teen die All Blacks op Ellispark verloor. Hulle verloor ook 3-26 teen Australië in Kaapstad. Later die jaar toer die Springbokke vir die eerste keer weer na die buiteland waar hulle in Lyon 20-16 teen Frankryk wen maar die tweede toets in Parys 16-29 verloor en ook op Twickenham-stadion 16-33 teen Engeland verloor. In 1993 verloor die Springbokke een toets en speel gelykop in 'n twee-toets toetsreeks teen Frankryk in Suid-Afrika en nadat hulle wel daarin slaag om die Wallabies in die eerste toets in Sydney, Autralië te wen verloor hulle ook die reeks 2-1. Dit is gevolg deur 'n 2-0 reeks oorwinning in Argentinië laat in 1993. 1992 begin met 'n gedeelde reeks teen die besoekende Engelse span voor die Springbokke op hulle eerste besoek aan Nieu-Seeland sedert 1981 se omstrede toer vertrek. Die Springbokke verloor ook die reeks met nederlae in die eerste twee toetse in Dunedin en Wellington. Die enigste troos is 'n gelykopuitslag in die finale toets in Auckland. In Oktober van die jaar word Kitch Christie aangestel as die nuwe afrigter. In 1994 wou die nuutverkose ANC-regering die Springboknaam en -embleem vervang met die Protea, Suid-Afrika se nasionale blom, aangesien baie Suid-Afrikaners die Springbok met Apartheid geassosieer het. Na die tussenbeide tree van Nelson Mandela, Suid-Afrika se eerste swart president, is 'n spesiale vergunning gemaak waarvolgens die Springbokembleem steeds gebruik kon word voor die 1995 Rugbywêreldbeker. Daar was 'n merkwaardige golf van ondersteuning vir die Springbokke onder wit en swart gemeenskappe in die opbou tot die [wêreldbeker wat in 1995 in Suid-Afrika gehou is. Dit was die eerste groot internasionale gebeurtenis wat in die land – wat deur Aartsbiskop Desmond Tutu die "reënboognasie" gedoop is – gehou is. Die hele Suid-Afrika het agter die span en die slagspreuk 'one team, one country' gestaan al was daar net een gekleurde speler, Chester Williams, in die span. Teen die tyd dat Suid-Afrika as gasheer vir die 1995 Wêreldbeker optree, was die Springbokke die negende gekeurde span. Die Springbokke het Australië, Roemenië, Kanada, Wes-Samoa en Frankryk geklop om in die eindstryd teen die All Blacks te speel. Suid-Afrika het die epiese stryd op Ellispark 15-12 gewen. 'n Skepskop deur Joel Stransky het die oorwinning in ekstratyd verseker. Die Nieu-Seelanders het na die tyd beweer dat hulle deur voedselvergiftiging geaffekteer is op die dag voor die wedstryd.[23][24] In die seremonie na die wedstryd het Nelson Mandela 'n Springboktrui gedra toe hy die trofee aan die kaptein Francois Pienaar oorhandig het. Die gebaar is algemeen gesien as 'n belangrike stap in die versoening tussen Swart- en Witmense in Suid-Afrika. SARFU President Louis Luyt het op omstrede wyse die na-wedstrydverrigtinge versuur toe hy by die dinee verklaar het dat die Springbokke die vorige twee Wêreldbekers ook sou gewen het as hulle daarin kon deelneem. Die dag na die Wêreldbekeroorwinning het die Xhosa woord vir Springbokke, Amabokoboko! as die opskrif van die Sowetan se sportafdeling verskyn. Krisisse in 1995 tot 1997 sou egter later aantoon dat alles nog nie wel was met rasse-aangeleenthede in Suid-Afrikaanse Rugby nie. Op die veld is die Springbokke swaar getref deur afrigter Christie se uittrede in 1996 nadat hy met leukemie gediagnoseer is. Die Springbokke het al 14 hul toetse gewen terwyl Christie die afrigter was. Suid-Afrika het daarna 'n insinking beleef en gesukkel in beide die provinsiale Super 12 en in die Drienasiesreeks met Nieu-Seeland en Australië. In 1996 slaag Nieu-Seeland ook vir die eerste keer om 'n 2-1 reeksoorwinning teen Suid-Afrika in Suid-Afrika te behaal. In 1997 het die Britse en Ierse Leeus Suid-Afrika vir die eerste keer sedert 1980 besoek en die toetsreeks 2-1 gewen op 'n besoek waarop hulle slegs twee keer verloor het. In 1997 is afrigter Andre Markgraaff verplig om te bedank, nadat hy 'n rassistiese opmerking oor die foon gemaak het. Sy opvolger Carel du Plessis het ook nie lank gehou voor hy deur Nick Mallett vervang is nie. In 1998 het Mallett en die nuwe kaptein Gary Teichmann 'n rekord wenlopie behaal met 17 opeenvolgende toetsoorwinnings wat die 1998 Drienasiesreeks ingesluit het. Christie is in die jaar oorlede. Die Springbokke het die 1999 Wêreldbeker sonder veel hoop aangepak. Nadat die span teruggeval het op skop en voorspelerkrag slaag hulle egter wel daarin om die halfeindstryd te haal waar hulle op Twickenham in 'n taai wedstryd teen die uiteindelike kampioene Australië verloor het. Die Springbokke het wel daarin geslaag om die derde plek te behaal deur die All Blacks 22 – 18 op die Millennium Stadion in Cardiff te klop. Die nuwe millennium[wysig | wysig bron] In November 2002 het die Springbokke hulle grootste nederlaag ooit op Twickenham teen Engeland ervaar (53-3). Tydens die wedstryd het die al hoe moedeloser Suid-Afrikaanse span van die Engelse spelers met fisiese aanvalle begin teiken. Beeldmateriaal van die wedstryd dui daarop dat die kaptein Corné Krige 'n voorbok in die optrede was.[25] In die 2002/3 seisoen het die Springbokke ook met rekordtellings teen Frankryk, Skotland en die All Blacks verloor. Hulle kon Argentinië met slegs een punt klop en die All Blacks het maklik van die Springbokke ontslae geraak in die kwart-eindstryd van die 2003 Wêreldbeker wat later deur Engeland gewen is. Die aanloop tot die Bokke se 2003 Wêreldbeker veldtog het heelwat opskudding veroorsaak. Gedurende die oefenkamp voor die kompetisie was daar 'n wydgepubliseerde onderonsie tussen die wit speler Geo Cronjé en die bruin speler Quinton Davids. Beide is uit die span weggelaat en Cronjé is voor 'n tribunaal gehaal om op aantygings dat sy aksies rasgemotiveer was te antwoord. Cronjé is uiteindelik kwytgeskeld. Later is die Bokke op 'n militêre-styl boot camp genaamd Kamp Staaldraad in die bos gestuur. Toe besonderhede en videomateriaal van Kamp Staaldraad uitgelek het, het die Suid-Afrikaanse rugbyondersteuners met misnoeë gereageer. Na die Wêreldbeker-debakel was die Bokafrigter Rudolph Straeuli in die spervuur, nie net as gevolg van die span se powere prestasie nie maar ook as gevolg van sy rol in die organisering van Kamp Staaldraad. Hy het bedank en in Februarie 2004 is Jake White aangewys as die nuwe afrigter. White het te vore die Springbok onder-21 span afgerig wat die eerste o/21 Rugbywêreldbeker in 2002 gewen het. Die Bokke het hierna voortgegaan om aan die rugbywêreld te bewys dat hulle gereed was om na hulle voormalige glorie terug te keer. Hulle het Ierland weggevee in 'n twee-toets reeks en Wallis verslaan in dié span se besoek aan die Suidelik Halfrond in Junie 2004. Dit is opgevolg deur 'n oorwinning in die 2004 Drie-Nasies reeks, een van die taaiste in die geskiedenis van die reeks. In November 2004 het die Springbokke vertrek op 'n ambisieuse "Grand Slam" toerpoging. Hulle is egter beslissend deur Engeland verslaan en het op omstrede wyse teen Ierland verloor. Die span het egter wel daarin geslaag om in 'n harde stryd teen Wallis te wen en het maklik afgereken met Skotland. Hoewel die toer nie voldoen het aan die verwagtinge wat geskep is nie, het dit aangetoon dat die Springbokke die insinking van die afgelope jare te bowe gekom het. Die Springbokke se herstel is beloon met 'n reeks IRB-toekennings. Die Bokke is aangewys as die IRB "Span van die Jaar", White as "Afrigter van die Jaar" en die jong flank Schalk Burger as "Speler van die Jaar". In 2005 het die Springbokke Uruguay met 'n wêreldrekordtelling verneder. Die Zimbabwies-gebore Tonderai Chavhanga het ses drieë in die wedstryd aangeteken om Stefan Terblanche se rekord van vyf te verbeter. Die span het tweede geëindig in die 2005-Drienasies reeks nadat hulle in die eindstryd teen die All Blacks verloor het. Die jaar het geëindig met oorwinnings oor Argentinië en Wallis en 'n nederlaag teen Frankryk in Parys. Met verskeie nuwe spelers in die span het die 2006-Springbokke weggespring met twee oorwinnings oor Skotland in Suid-Afrika voor hulle teen Frankryk verloor het in hulle eerste nederlaag teen die span in Suid-Afrika. Tydens 'n swak begin tot die 2006 Drienasiesreeks het die Springbokke 49-0 teen die Wallabies verloor. Die Springbokke het beter vertonings gelewer in die volgende twee wedstryde en het naelskraap in die laaste minute van die tweede toets teen Australië verloor. Suid-Afrikaanse ondersteuners se oproep vir 'n meer expansive rugbystyl is deur White beantwoord met die samestelling van 'n meer uitdagende span. Die span het Suid-Afrika se vyf-wedstryd verloorlopie beëindig deur die All Blacks 21-20 in die Royal Bafokeng-stadion te klop in die eerste toetswedstryd wat by die landelike stadion naby Rustenburg gespeel is. Die hoogtepunt van Suid-Afrika se toer na Europa was die 24-15 oorwinning oor Engeland op Twickenham, na nederlae teen Ierland en teen Engeland die vorige week. 'n Suid-Afrika XV het ook teen 'n Wêreld XV gewen tydens die toer by die Walkers Stadion in Leicester. In Julie 2006 het Springbokafrigter Jake White die pers meegedeel dat hy nie toegelaat is om sommige wit spelers te kies nie "as gevolg van transformasie" – 'n verwysing na die ANC-regering se beleid wat daarop gemik is om historiese raswanbalanse in nasionale sport teë te werk. Die span was nommer twee op die IRB Wêreldranglys aan die einde van 2006. 2007 en die 2007 Wêreldbeker[wysig | wysig bron] Die Springbokke se voorbereiding vir die 2007 Wêreldbeker is afgeskop met twee weghol toetsoorwinnings teen 'n besoekende span van Engeland; 58-10 op 26 Mei in Bloemfontein en 55-22 in Pretoria op 2 Junie. Die Engelse span was egter nie 'n volsterkte span nie met 35 Engelse spelers wat as gevolg van klubverpligtinge en beserings nie beskikbaar was vir die toer nie, sowel as siekte en beserings terwyl hulle in Suid-Afrika was.[26][27] In die Drienasiesreeks het Suid-Afrika Australië op Nuweland op 16 Junie 22-19 geklop en op 23 Junie in Durban 21-26 teen die All Blacks verloor in die tuisbeen van Suid-Afrika se veldtog. Na vyf internasionale wedstryde in minder as 'n maand is daar te midde van groot omstredenheid besluit om 20 van Suid-Afrika se topspelers te laat rus tydens die wegbeen van die Drienasiesreeks in Nieu-Seeland en Australië. Die sogenaamde "Tweede Span" verras egter deur 'n goeie vertoning te lewer en op 7 Julie met slegs 17-25 teen Australië te verloor. Die All Blacks moes hard werk vir hulle 33-6 oorwinning in Christchurch op 14 Julie waarin dit Nieu-Seeland 69 minute geneem het voor hulle 'n drie kon druk teen die Springbokke.[28][26] Die Springbokke se plaaslike voorbereidings is voltooi met 'n vriendskaplike wedstryd teen Namibië op Nuweland wat hulle met 105-13 gewen het. Tydens Suid-Afrika se eerste wedstryd in Europa in 2007 het die Bokke nie juis oortuig met 'n 18-3 oorwinning oor die Ierse klubspan Connacht in Galway nie.[29] Op 25 Augustus 2007 het die Springbokke egter beter vertoon in 'n oortuigende 27-3 oorwinning oor Skotland op Murrayfield. Springbokdrag[wysig | wysig bron] Die Springbokke speel in groen-en-goud truie, wit broeke en groen kouse. Die huidige trui word deur Asics gemaak. Die Springboktrui het gewoonlik 'n goue kraag en sedert 1994 is die kenteken 'n Springbok en Protea. Die vlag van Suid-Afrika word op die bo-arm gedra. Die Springbokke dra soms 'n wit trui om verwarring te vermy met spanne wat ook groen truie dra, dit word egter baie selde gebruik. Toe Australië Suid-Afrika vir die eerste keer in 1933 besoek het, het die besoekers hemelblou truie gedra om verwarring te vermy, op daardie stadium het beide spanne donkergroen truie gedra.[verwysing benodig] In 1953 toe die Wallabies Suid-Afrika weer besoek het, het die Springbokke wit truie gedra.[30] Die Springbok-naam dateer uit die 1906/7 toer na Brittanje. In die vorige eeu was rugby in Suid-Afrika op 'n rassegrondslag geskoei en was daar verskillende "nasionale spanne" vir wit, bruin en swart spelers. Die eerste nasionale bruin span van 1939 het ook die Springbok as embleem gebruik sowel as die eerste swart span in 1950.[verwysing benodig] In 2004 het die Suid-Afrikaanse Sportkommissie se Nasionale Kleureraad besluit dat die Springbok steeds as embleem van die nasionale rugbyspan gebruik kon word maar versoek dat die Protea groter gemaak moet word, aangesien dit die amptelike sportembleem van die land is.[31] Vir die November 2006-toets teen Ierland het die Springbokke, as deel van die eeufeesviering van Suid-Afrikaanse rugby, 'n replika van die trui wat deur Paul Roos se 1906-toerspan gedra is, gedra. Die uitrusting het bestaan uit 'n groen trui met 'n wit kraag, blou broeke en blou kouse. Selfs die borg Sasol is van die truie weggelaat.[32] Die embleem op die trui se Springbok het egter in die teenoorgestelde rigting gespring. Rekords[wysig | wysig bron] Drienasies-rekord[wysig | wysig bron] Nasie | Wedstryde | Punte | Bonus- punte | Tabel- punte | Kampioen- skappe | ||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| gespeel | gewen | gelykop | verloor | vir | teen | verskil | |||| Nieu-Seeland | 72 | 50 | 0 | 22 | 1936 | 1395 | +541 | 32 | 232 | 10 | Australië | 72 | 29 | 1 | 42 | 1531 | 1721 | –190 | 34 | 152 | 3 | Suid-Afrika | 72 | 28 | 1 | 43 | 1480 | 1831 | –351 | 24 | 138 | 3 | Bygewerk op 8 Oktober 2018 Bron: espnscrum.com (besoek op 8 Oktober 2018) Die Rugbykampioenskap (sedert 2012)[wysig | wysig bron] Nasie | Wedstryde | Punte | Bonus- punte | Tabel- punte | Kampioen- skappe | ||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| gespeel | gewen | gelykop | verloor | vir | teen | verskil | |||| Nieu-Seeland | 39 | 35 | 1 | 3 | 1361 | 672 | +689 | 26 | 168 | 6 | Suid-Afrika | 39 | 17 | 3 | 19 | 951 | 928 | +23 | 17 | 91 | 0 | Australië | 39 | 17 | 3 | 19 | 872 | 1017 | –145 | 8 | 83 | 1 | Argentinië | 39 | 5 | 1 | 33 | 727 | 1294 | –567 | 9 | 31 | 0 | Bygewerk op 8 Oktober 2018 Bron: espnscrum.com (besoek op 8 Oktober 2018) Wêreldbekerrekord[wysig | wysig bron] Jaar | Uitslag | ---|---| 1987 | Geen deelname | 1991 | Geen deelname | 1995 | Kampioen | 1999 | Derde plek | 2003 | Kwarteindstryd | 2007 | Kampioen | 2011 | Kwarteindstryd | 2015 | Derde plek | Algehele Rekord[wysig | wysig bron] Toe die IRR Wêreldranglys in Oktober 2003 ingevoer is, was Suid-Afrika sesde op die lys. Hulle het in November van daardie jaar na die vyfde plek verbeter voor hulle weer in Maart 2004 teruggeval het na die sesde plek. Nadat hulle weer tot die vyfde plek geklim het in Junie 2004 het hulle in Desember na die vierde plek opgeskuif. In 2005 het hulle eers na die derde en toe tweede plek gestyg. In Julie 2006 het hulle weer na die derde plek teruggesak en teen Desember 2006 was hulle in die vierde plek. Tussen dié datum en Mei 2007 het hulle tussen vierde en vyfde plek gewissel voor hulle teen September 2007 weer in vierde plek was.[33] Die Springbokke se toetsrekord teen alle lande:(Korrek op 26 Junie 2018)[34] Teen | Gespeel | Gewen | Verloor | Gelykop | % Gewen | ---|---|---|---|---|---| Argentinië | 26 | 23 | 2 | 1 | 88.5% | Australië | 85 | 46 | 36 | 3 | 54.1% | Kanada | 2 | 2 | 0 | 0 | 100% | Engeland | 41 | 25 | 14 | 2 | 61% | Fidji | 3 | 3 | 0 | 0 | 100% | Frankryk | 43 | 26 | 11 | 6 | 60.5% | Georgië | 1 | 1 | 0 | 0 | 100% | Ierland | 26 | 18 | 7 | 1 | 69.2% | Italië | 14 | 13 | 1 | 0 | 92.9% | Britse en Ierse Leeus | 46 | 23 | 17 | 6 | 50% | Japan | 1 | 0 | 1 | 0 | 0% | Namibië | 2 | 2 | 0 | 0 | 100% | Nieu-Seeland | 95 | 35 | 57 | 3 | 36.8% | Nieu-Seelandse Cavaliers | 4 | 3 | 1 | 0 | 75% | Stille Oseaan Eilande | 1 | 1 | 0 | 0 | 100% | Roemenië | 1 | 1 | 0 | 0 | 100% | Samoa | 9 | 9 | 0 | 0 | 100% | Skotland | 26 | 21 | 5 | 0 | 80.8% | Suid-Amerikaanse Jaguars | 8 | 7 | 1 | 0 | 87.5% | Spanje | 1 | 1 | 0 | 0 | 100% | Tonga | 2 | 2 | 0 | 0 | 100% | Verenigde State | 4 | 4 | 0 | 0 | 100% | Uruguay | 3 | 3 | 0 | 0 | 100% | Wallis | 33 | 28 | 4 | 1 | 84.9% | Wêreldspan | 3 | 3 | 0 | 0 | 100% | Totaal | 480 | 300 | 157 | 23 | 62.5% | Sien ook[wysig | wysig bron] Verwysings[wysig | wysig bron] - ( ) SA Rugby Referees, Laws – History – In South Africa, besoek op 24 Augustus 2007 - ( ) THE FNB UCT RFC, HISTORY, besoek op 24 Augustus 2007 - ( Dean Allen, ) Beating them at their own game: rugby, the Anglo-Boer War and Afrikaner nationalism, 1899–1948, International Journal of the History of Sport, 20:3, 37 – 57 - ( ) SARSU, World of Rugby, besoek op 24 Augustus 2007 - ( ) Lions-Tour.com, – South Africa, besoek op 25 Augustus 2007 - ( ) BIG BRIANS STORIES, The Captian who gave South Africa it's National Colours, besoek op 25 Augustus 2007 - ( Grundlingh, Albert (1994) ) Playing for power? Rugby, Afrikaner nationalism and masculinity in South Africa, c.1900-70, International Journal of the History of Sport, 11:3, 408 – 430 - ( ) Lions-Tour.com, 1896 – South Africa, besoek op 25 Augustus 2007 - ( Allen, Dean (2007) ) Tours of Reconciliation: Rugby, War and Reconstruction in South Africa, 1891–1907, Sport in History, 27:2, 172 – 189 - ( ) BBC, British Lions, besoek op 25 Augustus 2007 - ( ) Beeld, Vandag, 100 jaar gelede, is Bok gebore, besoek op 25 Augustus 2007 - ( ) Lions-Tour.com, 1910 – South Africa, besoek op 25 Augustus 2007 - ( ) Lions-Tour.com, 1938 – South Africa, besoek op 25 Augustus 2007 - ( ) Springbokrugby tussen 1949 en 1953, Die 1949 Springbokke teen die All Blacks, besoek op 25 Augustus 2007 - ( ) Lions-Tour.com, 1955 – South Africa, besoek op 25 Augustus 2007 - ( ) Lions-Tour.com, 1962 – South Africa, besoek op 25 Augustus 2007 - ( ) ANC, UNITED NATIONS, INDIA AND BOYCOTT OF APARTHEID SPORT (1988), Paper presented at the seminar of the Sports Authority of India and the Arjuna Awardees Association, New Delhi, July 28-29, 1988. Published as a pamphlet. Besoek op 25 Augustus 2007 - ( ) Guardian Unlimited Sport, Sport Smalltalk, JPR Williams, besoek op 25 Augustus 2007 - ( ) About Willie John McBride, besoek op 25 Augustus 2007 - ( ) The New York Times, France Limiting Sports With South Africans, besoek op 25 Augustus 2007 - ( ) New Zealand History online, The 'Cavaliers' and the 1987 rugby world cup, besoek op 26 Augustus 2007 - ( ) New Zealand Rugby Museum, THE 1986 CAVALIERS TOUR, besoek op 26 Augustus 2007 - ( ) "OSM's sporting plaque". The Observer. Besoek op 6 Augustus 2006. - ( ) "Suzie never existed". Rugby Heaven. Besoek op 6 Augustus 2006. - ( ) "Krige in the spotlight". BBC Sport. Besoek op 6 Augustus 2006. - ( ) BBC News, [1], besoek op 28 Augustus 2007 - ( ) BBC News, International results, besoek op 28 Augustus 2007 - ( ) International Harold Tribune, Rugby Union: A halting victory adds more tarnish to All Blacks's aura, besoek op 28 Augustus 2007 - ( ) Die Burger, Rugby-piekniek verby - ( ) "History of the ARU". Australian Rugby Union. Besoek op 6 Augustus 2006. - ( ) [2] - ( ) "Boks to wear original strip against Irish". IOL. Besoek op 5 November 2006. - ( Ranglysargiewe kan gevind word op Wêreldrugby se webwerf: ) www.worldrugby.org - ( ) "Pick and Go Test Match results database". www.lassen.co.nz. Besoek op 31 Mei 2018. Verdere leesstof[wysig | wysig bron] - ( Harding, Grant; Williams, David (2000). The Toughest of Them All: New Zealand and South Africa: The Struggle for Rugby Supremacy. ) Auckland, New Zealand: Penguin Books. ISBN 0-14-029577-1. - ( Howitt, Bob (2005). SANZAR Saga – Ten Years of Super 12 and Tri-Nations Rugby. Harper Collins Publishers. ) ISBN 1-86950-566-2. - ( Nauright, John (1997). Sport, Cultures, and Identities in South Africa. Continuum International Publishing Group. ) ISBN 0-7185-0072-5. - ( Parker, A.C. (1970). The Springboks, 1891–1970. London: Cassell & Company Ltd. ) ISBN 0-304-93591-3. - ( Smith, David; Williams, Gareth (1980). Fields of Praise: The Official History of The Welsh Rugby Union. Cardiff: University of Wales Press. ) ISBN 0-7083-0766-3. Eksterne skakels[wysig | wysig bron] Wikimedia Commons bevat media in verband met Springbokke. |
<urn:uuid:498a0a27-d621-4c79-a390-67107123e749>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Springbokrugbyspeler
2019-07-16T04:30:50Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524502.23/warc/CC-MAIN-20190716035206-20190716061206-00335.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999991
false
Jannie Engelbrecht Volle naam | Jan Pieter Engelbrecht | |||| ---|---|---|---|---|---| Geboortedatum | 10 November 1938 | |||| Geboorteplek | Kaapstad, Suid-Afrika | |||| Skool | Paul Roos Gimnasium | |||| Universiteit | Universiteit van Stellenbosch | |||| Beroep | Wynboer | |||| Rugbyloopbaan | ||||| Loopbaan as speler | ||||| Posisie(s) | Vleuel | |||| Amateurspanne | ||||| Jare | Klub / span | Weds | (pte) | || Stellenbosch | ||||| Provinsiale- / Staatspanne | ||||| Jare | Klub / span | Weds | (pte) | || Westelike Provinsie | ||||| Nasionale span(ne) | ||||| Jare | Land | Weds | (pte) | || 1960-1969 | Suid-Afrika | 33 | 18 | Jannie Engelbrecht (1938 - ) is 'n oud-Springbokrugbyspeler. Hy het bekendheid verwerf toe hy met 'n gebreekte sleutelbeen twee drieë teen Noord-Transvaal gedruk het. Rugby loopbaan[wysig | wysig bron] Hy word gekies vir Westelike Provinsie in 1959 na net twee wedstryde vir die Stellenbosch XV en haal ook die Junior Springbokspan na Argentinië. In 1960 word hy gekies vir die Springbokke teen Skotland. Hy haal die 1960/61 Springbok toerspan na die Britse Eilande en speel in twee toetse teen die 1961 Wallabies. Hy speel in al agt die toetse van 1965 waarvan die Springbokke net een gewen het. Hy speel ook teen die Franse op die 1968 toer en speel in sy laaste toets teen die Wallabies in 1969. Hy het agt toets drieë gedruk. Sy laaste seisoen vir Westelike Provinsie was in 1971 en hy moes noodgedwonge ophou speel weens beserings in 1972. Jannie het daarna betrokke geraak in rugby administrasie. Bron[wysig | wysig bron] - 30 Super Springboks. Paul Dobson. 1995. ISBN 0-7981-3411-9 Eksterne skakels[wysig | wysig bron] - Jannie Engelbrecht by www.genslin.us/bokke
<urn:uuid:c74c36a8-cf44-4e7e-855b-7d6f297232ba>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Jannie_Engelbrecht
2019-07-19T21:01:01Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526359.16/warc/CC-MAIN-20190719202605-20190719224605-00279.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999751
false
Randall Batinkoff Jump to navigation Jump to search Randall Batinkoff | | Geboorte | 16 Oktober 1968 | ---|---| Nasionaliteit | Amerikaans | Beroep(e) | Akteur, vervaardiger, en regisseur | Aktiewe jare | 1974–nou | Internet-rolprentdatabasis-profiel | Randall Batinkoff (gebore 16 Oktober 1968) is 'n Amerikaanse akteur, vervaardiger, en regisseur. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprente Buffy the Vampire Slayer (1992), The Peacemaker (1997), As Good as It Gets (1997), en 37 (2014). Inhoud Filmografie[wysig | wysig bron] Rolprente[wysig | wysig bron] - 1988: For Keeps? - 1992: Buffy the Vampire Slayer - 1992: School Ties - 1997: The Peacemaker - 1997: As Good as It Gets - 1998: Dead Man's Curve - 1998: Sugar: The Fall of the West - 1999: Let the Devil Wear Black - 1999: The Last Marshal - 2000: Just Sue Me - 2000: Along for the Ride - 2001: Free - 2002: The Month of August - 2003: Detonator - 2005: Walking on the Sky - 2005: Touched - 2005: Venice Underground - 2007: True Love - 2010: Kick-Ass - 2011: Munger Road - 2012: Shadow Witness - 2014: 37 - 2016: Who Gets the Dog? - 2017: Bad Grandmas - 2018: The Last Champion - 2018: Inside Game Televisiereekse[wysig | wysig bron] - 1986: Better Days - 1994: Christy - 2008: Singing Office Televisierolprente[wysig | wysig bron] - 1982: One More Try - 1994: Christy - 1999: Hefner: Unauthorized - 2008: Black Widow Video's[wysig | wysig bron] - 2004: Blue Demon - 2006: Ring Around the Rosie
<urn:uuid:6d09bf30-553d-48a5-a62b-03e3aaef6503>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Randall_Batinkoff
2019-07-19T21:15:00Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526359.16/warc/CC-MAIN-20190719202605-20190719224605-00279.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.809703
false
Verwante veranderings ← 10 Maart Jump to navigation Jump to search Tik 'n bladsynaam om veranderinge aan bladsye te sien wat daarvan of daarheen skakel. (Om inskrywings van 'n kategorie te sien, tik Kategorie:Naam van kategorie). Veranderinge aan bladsye op u dophoulys word in vetdruk aangedui. Lys van afkortings: - N - Met die wysiging is 'n nuwe bladsy geskep. (sien ook die lys van nuwe bladsye) - k - Hierdie is 'n klein wysiging - b - Hierdie wysiging is deur 'n bot gemaak - D - Wikidata-wysiging - (±123) - Bladsy is met die aantal grepe gewysig 18 Julie 2019 16 Julie 2019 - 2019; 17:55 +8 Oesjaar →Sterftes: Verbeter - 2019; 17:54 +75 Oesjaar →Sterftes: Verbeter - 2019; 05:18 +83 Oesjaar →Sterftes: Verbeter
<urn:uuid:d9840b59-29bf-46bb-8742-d1024e66bde2>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:OnlangseVeranderingsMetSkakels/10_Maart
2019-07-19T21:20:21Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526359.16/warc/CC-MAIN-20190719202605-20190719224605-00279.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999948
false
Hulp Bladsye wat na "Memphis (Tennessee)" skakel ← Memphis (Tennessee) Jump to navigation Jump to search Skakels hierheen Bladsy: Naamruimte: alle (Hoof) Bespreking Gebruiker Gebruikerbespreking Wikipedia Wikipediabespreking Lêer Lêerbespreking MediaWiki MediaWikibespreking Sjabloon Sjabloonbespreking Hulp Hulpbespreking Kategorie Kategoriebespreking Portaal Portaalbespreking Module Module talk Gadget Gadget talk Gadget definition Gadget definition talk Omgekeerde seleksie Filters Versteek insluitings | Versteek skakels | Versteek aansture Die volgende bladsye skakel na Memphis (Tennessee) : Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). 15 Januarie ( ← skakels wysig ) Martin Luther King jr. ( ← skakels wysig ) Washington, D.C. ( ← skakels wysig ) Tennessee ( ← skakels wysig ) Memphis ( ← skakels wysig ) Mark Behr ( ← skakels wysig ) Demokratiese Party (Verenigde State) ( ← skakels wysig ) Ron Wyatt ( ← skakels wysig ) Afro-Amerikaners ( ← skakels wysig ) Bespreking:Memphis (Tennessee) ( ← skakels wysig ) Aretha Franklin ( ← skakels wysig ) Mississippi-Missouri ( ← skakels wysig ) Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Memphis_(Tennessee) " Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Gereedskap Spesiale bladsye Drukbare weergawe Ander tale Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:4b558d71-cdf2-4f03-8485-358341b7eb47>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Memphis_(Tennessee)
2019-07-19T21:27:22Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526359.16/warc/CC-MAIN-20190719202605-20190719224605-00279.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.996121
false
Xi Jinping Xi Jinping 习近平 | | Sekretaris-generaal van die Sentrale Komitee van die Kommunistiese Party van China Ampsbekleër | | Termynaanvang 15 November 2012 | | Vise | Li Keqiang | ---|---| Voorafgegaan deur | Hu Jintao | President van die Volksrepubliek China Ampstermyn 14 Maart 2013 – 15 Mei 2012 | | Vise | Li Yuanchao | Eerste minister | Li Keqiang | Voorafgegaan deur | Hu Jintao | Voorsitter van die KPS se Sentrale Militêre Kommissie Ampsbekleër | | Termynaanvang 15 November 2012 | | Vise | Fan Changlong Xu Qiliang | Voorafgegaan deur | Hu Jintao | Voorsitter van die VRS se Sentrale Militêre Kommissie Ampsbekleër | | Termynaanvang 14 Maart 2013 | | Voorafgegaan deur | Fan Changlong Xu Qiliang | Opgevolg deur | Hu Jintao | Eerste Sekretaris van die Sentrale sekretariaat van die Kommunistiese Party van China Ampstermyn 22 Oktober 2007 – 15 November 2012 | | President | Hu Jintao | Voorafgegaan deur | Zeng Qinghong | Opgevolg deur | Liu Yunshan | Vise-President van die Volksrepubliek China Ampstermyn 15 Maart 2008 – 14 Maart 2013 | | President | Hu Jintao | Voorafgegaan deur | Zeng Qinghong | Opgevolg deur | Li Yuanchao | President van die KPS se Sentrale Party-skool Ampstermyn 22 Desember 2007 – 15 Januarie 2013 | | Vise | Li Jingtian | Voorafgegaan deur | Zeng Qinghong | Opgevolg deur | Liu Yunshan | Persoonlike besonderhede Gebore | 15 Junie 1953 Beijing, Volksrepubliek China | Politieke party | Kommunistiese Party van China | Eggenoot/eggenote | Peng Liyuan | Kind(ers) | 1 | Alma mater | Beijing 101 Midde-Skool Tsinghua Universiteit | Xi Jinping (Chinees: 习近平; gebore op 15 Junie 1953) is die sekretaris-generaal van die Kommunistiese Party van China (KPC), die president van die Volksrepubliek China[1] en voorsitter van die land se Sentrale Militêre Kommissie. As sekretaris-generaal is hy ook 'n lid van die KPC Politburo, China se hoofbesluitnemende liggaam.[2] Biografie[wysig | wysig bron] Xi is op 15 Junie 1953 in Beijing, China gebore.[3] Hy is die seun van die veteraan kommunis, Xi Zhongxun. Sy pa was tydens die Kulturele Rewolusie vervolg, maar het in die 1970's as partysekretaris in 'n suidelike provinsie teruggekeer en as 'n steunpilaar van die destydse leier Deng Xiaoping. Die jong Xi is tydens die Kulturele Rewolusie na die platteland gestuur en het jare lank in die dorpie Liangjiahe gebly en was afhanklik van selfstudie. Deur die rehabilitasie van sy pa kon hy chemie aan die Tsinghua Universiteit studeer. Gedurende sy studentedae het hy vir 'n paar weke by 'n landboufamilie in Iowa gebly. Hier het hy ervaar wat die Amerikaanse droom is, wat 'n bron van inspirasie vir sy politieke slagspreuk geword het van die "Chinese droom" (wat sedert 2013 deur die party gebruik word). Toe begin 'n politieke loopbaan wat gelei het tot partyleierskap in die oostelike provinsies Fujian, Zhejiang en Sjanghai. In Maart 1998 het hy 'n lid van die Nasionale Volkskongres geword. Xi was tussen 1999 en 2002 die goewerneur van Fujian. Tussen 2002 en 2007 was hy goewerneur en hoof van die KPC-party in Zhejiang. Na die afdanking van Chen Liangyu, is Xi na Shanghai verplaas en was vir 'n kort tyd in 2007 die sekretaris van die party. Xi is in Oktober 2007 tot die sentrale leierskap bevorder en opgelei om Hu Jintao op te volg. Hy is in Maart 2008 as vise-president van die Volksrepubliek aangestel. In Oktober 2010 is hy as vise-voorsitter van die party se militêre komitee verkies, 'n posisie wat hom groot mag gegee het oor die militêre apparaat, en wat gewoonlik die intreestap is vir die hoogste leierskap. Presidentskap[wysig | wysig bron] Op 15 November 2012 is Xi Jinping verkies tot sekretaris-generaal van die Kommunistiese Party van China en voorsitter van die Sentrale Militêre Raad.[4] Op 14 Maart 2013 is hy verkies tot president van die Volksrepubliek van China. Hy het die versterking van die posisie van die party sy prioriteit gemaak. In Oktober 2017 aanvaar Xi sy tweede termyn as Sekretaris-generaal, en die politieke teorie "Xi Jinping Thought" word in die party se grondwet geskryf. Xi stel homself voor as 'n beskeie leier, wat hom met baie Chinese mense gewild maak in teenstelling met baie van sy voorgangers. Die begin vir die beeld was in Desember 2013 toe die president middagete in 'n goedkoop restaurant in Beijing koop. Xi staan in die ry, bestel 'n eenvoudige ete en eet saam met die ander gaste; iets waaraan Chinese mense nie van hul leiers gewoond is nie.[5] Terselfdertyd is daar veel meer as dié van sy twee voorgangers, Jiang en Hu, van persoonverheerliking sprake by Xi. Hy word soms Xi Dada ('Oom Xi') genoem, hoewel hierdie naam later uit die guns val.[6][7] Intern fokus Xi op die bekamping van formalisme, burokrasie, hedonisme en verkwisting. Die stryd teen korrupsie is ook deel hiervan. 'n Anti-korrupsieveldtog is van stapel gestuur, insluitend die gebruik van shuanggui, 'n prosedure teen korrupsie binne die party waar partylede hul misstappe moet erken. Baie duisende party amptenare is geïnterneerd, en is bevraagteken en mishandel word vir 'n lang tyd sonder enige wettige beskerming of hulp. Die mishandeling is soms so ernstig dat die ondervraagde sterf.[8] Nadat die bekentenisse aldus toegepas is, volg veroordelings en lang tronkstraf. Hoëparty-party-amptenare is ook nie gespaar nie. Byvoorbeeld, Zhou Yongkang, voormalige minister en politburo-lid, is in 2015 skuldig bevind aan korrupsie as gevolg van 'n shuanggui-ondersoek.[9] Omdat die korrupsie in die kommunistiese party wydverspreid was en tot groot ergernis onder die bevolking gelei het, het die veldtog die gewildheid van Xi onder die bevolking verhoog. Ekstern, onder leiding van Xi, probeer die party sy ideologiese greep op die Chinese samelewing verhoog, onder andere deur aktiviste, prokureurs en joernaliste te teiken wat nie aan die partylyn wil voldoen nie. Internet beheer deur die Chinese regering, insluitend deur middel van internet sensuur, het ook verder toegeneem onder Xi se bewind.[10] Daarbenewens verhoog die druk op die Christendom in China onder die bewind van Xi. "Om 'n sterk leër te bou, moet ons onverbiddelik aan die absolute leierskap van die Party oor die gewapende magte vashou en verseker dat die weermag van die volk altyd die Party volg." Die 13de Chinese volkskongres het in Maart 2018 die bepalings geskrap dat iemand slegs twee termyne president kan wees. Dit het dit moontlik gemaak vir Xi om na 2023 as president aan te bly, wanneer sy tweede termyn verstryk. Die besluit word algemeen gesien as 'n teken van die mag van Xi, wat sedert Mao Zedong as die sterkste leier in China beskou word.[12] Op 2 Januarie 2019 het Xi 'n toespraak gelewer omdat 40 jaar vroeër, op 1 Januarie 1979, China besluit het om op te hou om op 'n aantal Taiwanese eilande, die Matsu-argipel en Kinmen, van die Chinese kus te skiet. Xi het gesê hy wou 'n vreedsame hereniging met Taiwan hê, maar het nie geweld uitgesluit nie.[13] Hy het gesê dat Taiwan weer na China moet "luister".[13] Xi het beklemtoon dat hy nie buitelandse inmenging in Taiwan duld nie omdat dit 'n interne saak is. Xi se stellings was meer bedreigend as normaal. Tsai Ing-wen, die Taiwanse president, het gesê in 'n opmerking dat Taiwan nie deel sal word van een groot China nie.[14] In 2016 het China alle amptelike bande met Taiwan verbreek nadat Tsai Ing-wen van die Demokratiese Progressiewe Party (DPP) as president verkies is. Persoonlike lewe[wysig | wysig bron] Xi is getroud met Ke Lingling, die dogter van Ke Hua, 'n ambassadeur in Brittanje in die vroeë 1980's. Hulle is binne 'n paar jaar geskei. Die twee het gesê dat hulle "byna elke dag" baklei, en na die egskeiding het Ke na Engeland getrek. Xi het in 1987 met die bekende Chinese sangeres Peng Liyuan getrou. Peng Liyuan, 'n huishoudelike naam in China, was beter bekend aan die publiek as Xi voor sy politieke vooruitgang. Die egpaar het dikwels uitmekaar geleef, hoofsaaklik as gevolg van hul geskeide werkslewe. Xi en Peng het 'n dogter genaamd Xi Mingze, wat in die lente van 2015 aan die Harvard Universiteit gegradueer het. By Harvard het sy 'n pseudoniem gebruik en in sielkunde en Engels gestudeer. Xi se familie het 'n huis in Jade Spring Hill, 'n tuin en woongebied in die noordweste van Beijing, bestuur deur die sentrale militêre komitee. Peng het Xi as hardwerkend en beskeie beskryf: "As hy by die huis kom, het ek nog nooit die gevoel gehad dat daar 'n leier in die huis is nie, in my oë is hy net my man." Peng het 'n meer sigbare rol gespeel as China se "eerste vrou" in vergelyking met haar voorgangers; Sy het die ontmoeting met die Amerikaanse eerste vrou Michelle Obama tydens haar hoëprofielbesoek aan China in Maart 2014 georganiseer. Xi is in 2011 beskryf in die Washington Post deur diegene wat hom as "pragmaties, ernstig, versigtig, hardwerkend, beskeie en terughoudend" ken. Hy is beskryf as 'n goeie soeker vir oplossings van probleme en "oënskynlik ongeinterseer in die eienskappe van 'n hoë funksie". Hy is bekend as 'n bewonderaar van Amerikaanse films soos Saving Private Ryan, The Departed en The Godfather. Hy het ook die onafhanklike rolprentmaker Jia Zhangke geprys. In Junie 2012 het Bloomberg berig dat lede van Xi se uitgebreide familie beduidende sakebelange het, hoewel daar geen bewyse was dat hy ingegryp het om hulle te help nie. Die Bloomberg webwerf is geblokkeer op die vasteland van China in reaksie op die artikel. Sedert Xi 'n teenkorrupsieveldtog begin het, het The New York Times berig dat lede van sy familie hul besigheids- en eiendomsbeleggings in 2012 verkoop het.Familielede van hooggeplaaste Chinese amptenare, insluitend sewe huidige en voormalige leiers van die Politburo van die Kommunistiese Party van China, word in die Panama-dokumente genoem, insluitende Deng Jiagui, die swaer van Xi. Deng het twee posbusmaatskappye in die Britse Maagde-eilande gehad, terwyl Xi 'n lid was van die Staande Komitee van die Politburo, maar dit is toegemaak toe Xi die algemene sekretaris van die Kommunistiese Party in November 2012 geword het. Verwysings[wysig | wysig bron] - "deckblatt-ca-data sup-form.pdf" (PDF). Besoek op 20 Oktober 2010. - "Xi Jinping calls for a Chinese dream, Daily Telegraph". Besoek op 20 Maart 2013. - Johnson, Ian (15 November 2012). "New Chinese Leader Offers Few Hints of a Shift in Direction". The New York Times. Besoek op 15 November 2012. - China Confirms Leadership Change. BBC News (15 November 2012). URL besoek op 15 November 2012. - Dit keer is het hem echt; Xi bestelt lunch. Blogaap (29 Desember 2013). - Verzwegen revolutie. Trouw (17 Mei 2016). URL besoek op 3 Junie 2017. - The ideal Chinese husband: Xi Dada and the cult of personality growing around China’s president. South China Morning Post (29 Februarie 2016). URL besoek op 3 Junie 2017. - Partijlid in China verdronken bij verhoor. De Volkskrant (5 September 2013). URL besoek op 3 Junie 2017. - China charges former head of secret police Zhou Yongkang. Financial Times (3 April 2015). URL besoek op 3 Junie 2017. - China verbiedt nieuwssites 'nepnieuws' van sociale media over te nemen. De Volkskrant (4 Julie 2016). URL besoek op 3 Junie 2017. - ( Xinhua - People.cn ) Xi delivers important speech at rally marking PLA's 90th anniversary, 1 Augustus 2017, geraadpleeg op 6 Desember 2018 - Historisch Volkscongres in China: president Xi wordt nog machtiger, NOS.nl, 5 Maart 2018 - NOS Xi wil desnoods geweld gebruiken voor hereniging met Taiwan, 2 Januarie 2019, geraadpleegd op 3 Januarie 2019 - NRC China sluit geweld niet uit bij plan hereniging Taiwan, 2 Januarie 2019, geraadpleeg op 3 Januarie 2019 Eksterne skakels[wysig | wysig bron] Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal. |
<urn:uuid:0e2a59af-4552-41f3-955d-9b2e1f4dae8f>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Xi_Jinping
2019-07-19T21:09:10Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526359.16/warc/CC-MAIN-20190719202605-20190719224605-00279.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999915
false
Verwante veranderings Jump to navigation Jump to search Tik 'n bladsynaam om veranderinge aan bladsye te sien wat daarvan of daarheen skakel. (Om inskrywings van 'n kategorie te sien, tik Kategorie:Naam van kategorie). Veranderinge aan bladsye op u dophoulys word in vetdruk aangedui. Lys van afkortings: - N - Met die wysiging is 'n nuwe bladsy geskep. (sien ook die lys van nuwe bladsye) - k - Hierdie is 'n klein wysiging - b - Hierdie wysiging is deur 'n bot gemaak - D - Wikidata-wysiging - (±123) - Bladsy is met die aantal grepe gewysig
<urn:uuid:28961542-11fb-48cf-99b0-b3b1ff7bb9e4>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:OnlangseVeranderingsMetSkakels/Wilhelm_Steenkamp
2019-07-22T10:45:26Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527907.70/warc/CC-MAIN-20190722092824-20190722114824-00039.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999999
false
Geordin Hill-Lewis in Wikipedia, die vrye ensiklopedie Jump to navigation Jump to search Geordin Hill-Lewis | | Lid van die parlement Persoonlike besonderhede ---|---| Politieke party | Demokratiese Alliansie | Geordin Hill-Lewis | | Lid van die parlement Persoonlike besonderhede ---|---| Politieke party | Demokratiese Alliansie | Huidige lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika volgens party | | ---|---| ANC | DA | EFF | IVP | | VF+ | | ACDP | | UDM | | ATM | | GOOD | | NFP | | AIC | | Cope | | PAC | | Al Jama-ah | | Partyleiers in kursief |
<urn:uuid:29fa9403-cd74-4469-a552-8a0045481a21>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Geordin_Hill-Lewis
2019-07-16T04:27:54Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524502.23/warc/CC-MAIN-20190716035206-20190716061206-00407.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.823764
false
Umzimvubu Plaaslike Munisipaliteit Jump to navigation Jump to search Provinsie | Oos-Kaap | || Distriksmunisipaliteit | Alfred Nzo | || Tipe | Plaaslike Munisipaliteit | || Munisipale kode | EC442 | || Burgemeester | Bulelwa Patience Mabengu (ANC) | || Hoofstad | Mount Frere | || Grootste tale | Xhosa, Engels | || Area | 2 577 km² | || Bevolking | 191,620(2011) | Nedersettings[wysig | wysig bron] Nedersettings in die munisipaliteit
<urn:uuid:758db700-f8cf-49b2-a0df-fe487dd17f8a>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Umzimvubu_Plaaslike_Munisipaliteit
2019-07-16T04:19:24Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524502.23/warc/CC-MAIN-20190716035206-20190716061206-00431.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.891264
false
Bespreking:Tamatie-klipkabeljou Jump to navigation Jump to search Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Tamatie-klipkabeljou-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. | Artikelriglyne Daaglikse bladtrekke | |
<urn:uuid:46b56e1a-ce85-4028-9fad-111f56b52647>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Tamatie-klipkabeljou
2019-07-17T11:01:17Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525136.58/warc/CC-MAIN-20190717101524-20190717123524-00031.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999975
false
Abstract The focus of this article is on the incarnation of Jesus Christ, the Word become flesh, as a way of talking about and understanding mission and addresses at least two concerns in the contemporary debate about the missional church. Many missionary methods and strategies have contradicted both the teaching and actions of Jesus as he trained his disciples to continue his ministry. The message may have been the gospel, but the way the message was made known was often not congruent with the gospel. The attempt to interpret mission in terms of the incarnation of Jesus suggests that the earlier forms of mission strategies should be replaced by a theology and praxis rooted in and defined by the life and ministry of Jesus. Ephesians 4 provides the key to the theology and praxis by giving us a direct link backward into the ministry that infused and led the early church in the life and the ministry of Jesus. Die Woord het vlees geword Die inkarnasie van Jesus Christus (Joh 1:14), ‘En die Woord het vlees geword en onder ons kom woon’, gaan oor die inisiatief wat God geneem het om die gebroke en sondige skepping met Homself te versoen. Die Bybel getuig omvattend van God se missionale betrokkenheid by sy skepping, beginnende by Abraham, met as hoogtepunt die inkarnasie van Jesus, die Seun van God (Wright 2006:194 verv): God the Father sent Jesus the Son as the Messiah, the Christ, the Annointed One, whose life, death, and resurrection are the epitome and turning point of God’s mission to redeem humanity and the world. The Father and the Son sent the Holy Spirit to call and to empower the church to carry out its witness to this gracious good news. (Guder 1999:2) God se sending Bosch noem Karl Barth die eerste duidelike verteenwoordiger van ’n nuwe teologiese paradigma wat ’n radikale breuk was met die teologie van die Verligting. Barth se invloed op missionêre denke het ’n hoogtepunt bereik by die Willingen Konferensie van 1952: It was here that the idea (not the exact term) missio Dei first surfaced clearly. Mission was understood as being from the nature of God. It was thus put in the context of the doctrine of the Trinity, not of ecclesiology or soteriology. The classical doctrine on the missio Dei as God the Father sending the Son, and God the Father and the Son sending the Spirit was expanded to include yet another ‘movement’: Father, Son and Holy Spirit sending the church into the world. (Bosch 1993:300) Peterson (2013:84) verstaan die begrip missionaal ook op grond van die missio Dei as die ‘essential nature and vocation of the church as God’s called and sent people’. Missionale gemeentes bestaan ter wille van God se wêreld (Kirk 2000:52–55; Van Gelder 2007:30). Daarom moet elke geslag deur die Heilige Gees gelei word om nuwe maniere te vind ‘to express their fellowship and mission (Ward 2002:1)’. Die vertrekpunt van die huidige missionale gesprek is dat God teenwoordig is en aktief besig is om in sy wêreld te werk. Dit bring ’n nuwe fokus op die identiteit, aard en wese van gemeentes mee, om gemeentes gevolglik doelbewus te begelei tot missionale selfverstaan (Rouse & Van Gelder 2008:26). ’n Missionale kerk besef dat verandering altyd by ’n lewe in die Drie-Enige God begin. Niemandt (2013:25) vergelyk dit met ’n ‘beweging of dans wat al meer en meer mense innooi om in pas met God te lewe en te dans (perichoresis)’. Tyra (2013) praat van ’n ‘social Trinity’ waarin God verstaan word as: … a relational community of equality and mutuality within which the distinctive identity of each person of the Trinity is fully maintained as Father, Son and Spirit. There is a irreducible otherness within God in relation to each person of the Trinity. This deep interrelated communion of the three persons of the Trinity is often expressed by the word perichoresis, which refers to the mutual indwelling within the threefold nature of the Trinity. All three persons of the divine community indwell one another in a relation unity while maintaining their distinct identities. (p. 174) Volgens Alan Hirsch (2006:15) het die Heilige Gees die vermoë om in pas met die Drie-Enige God te lewe in die inisiërende ‘stamsel’ (DNS) van die kerk ingebou, maar deur die eeue het dit verlore geraak omdat die hoë vlak van verbintenis aan die kerk se aanvanklike roeping nie lank volgehou is nie (sien ook Bosch 1993:50). Reeds op ’n vroeë stadium in die kerk se geskiedenis het Christene weer deel begin word van alles wat hulle van ander onderskei het. Oorlewing as religieuse groep eerder as verbondenheid aan ’n lewe in pas met God het toenemend weer hulle energie opgeëis. Dit het daartoe gelei dat die Jesusbeweging spoedig bloot ’n nuwe geloof geword het, en onvermydelik het dit op sy beurt ’n nuwe rede vir verdeeldheid geword. Nou verweef hiermee het die kerk ook al meer as statiese instituut ontwikkel. ’n Instituut en ’n beweging verskil in vele opsigte: die een is konserwatief, die ander progressief; die een is min of meer passief, terwyl dit toegee aan invloede van buite, die ander is aktief, wat beïnvloed eerder as om beïnvloed te word; die een is gerig op die verlede, die ander is gerig op die toekoms; die een is angstig, die ander is bereid om risiko’s te neem; die een bewaar grense, die ander steek grense oor (Bosch 1993:50). Die verskille tussen ’n instituut en beweging is duidelik wanneer die Christengemeenskap in Jerusalem vergelyk word met dié in Antiogië in die veertigerjare van die eerste eeu (Wright 2006:191–193). Die gemeente van Antiogië se pioniersgees het aanleiding gegee tot ‘’n haastige inspeksie deur Jerusalem’ (Bosch 1993:51). Die Jerusalem afvaardiging was nie soseer besorg oor sending nie maar eerder oor konsolidasie; nie genade nie maar wet; nie om grense oor te steek nie, maar om grense vas te stel; nie lewe nie maar dogma; nie beweging nie maar instituut. Bogenoemde spanning het gelei tot die byeenroep van die eerste Apostoliese Sinode van 47–48 n.C. Volgens Lukas (Handelinge 15) en Paulus (Galasiërs 2) was die Sinode op daardie stadium ten gunste van die uitreik na heidene. Op die lang duur egter het dit geblyk dat die geneigdheid om as instituut te funksioneer, sterker was. Hierdie tendens het nie slegs in die Joods-Christelik gemeenskappe gemanifesteer nie, maar uiteindelik ook in die heidens-Christelike gemeenskappe. Op ’n vroeë stadium reeds was dit duidelik dat twee tipes geloofsgemeenskappe aan die ontwikkel was: die gevestigde statiese bediening van biskoppe (ouderlinge) en diakens, en die mobiele bediening van apostels, profete en evangeliste. Waar die gevestigde bediening al hoe meer as statiese instituut ontwikkel het, het die mobiele bediening die dinamika van ’n beweging bly behou. In die vroeë jare van Antiogië was ’n kreatiewe spanning tussen die twee tipes bedieninge wel aanduibaar. Op ander plekke, later ook in Antiogië, het die gemeentes egter uitsluitlik as institute ontwikkel wat al minder begaan was oor die wêreld buite die instituut se grense: Soon they had to design rules for guaranteeing the decorum of their worship meetings (cf 1 Cor 11:2–23; 1 Tim 2:1–13), and for addressing criteria for the ideal clergyman and his wife (1 Tim 2:1–13), and for addressing cases of inhospitality to church emissaries and of hunger for power (3 Jn; cf Malherbe 1983:92–112). As time went by, intra-ecclesial issues and the stuggle for survival as a separate religious group consumed more and more of the energy of Christians. (Bosch 1993:51) Die vroeë kerk het ook in ’n ander opsig missionaal gefaal. Hulle het ook nie meer daarin geslaag om die Jode te bly bereik soos aan die begin nie. In die veertigerjare van die eerste eeu het die kerk stelselmatig verander van ’n beweging wat gerig was op Jode én heidene, na ’n beweging uitsluitlik gerig op die heidene. Belangrike keerpunt Januarie 313 n.C. word gesien as keerpunt in die geskiedenis van die kerk. Tot op daardie stadium is Christene in die Romeinse Ryk erg benadeel. Selfs al is hulle nie aktief vervolg nie, is daar op verskeie terreine teen Christene gediskrimineer; hulle is gewantrou en verdink van dislojaliteit teenoor die staat en in sommige gevalle selfs as polities gevaarlik geag. Die Edik van Milaan (313 n.C.) het die situasie radikaal verander. Dit het meegebring dat die kerk vasgevang geraak het in ’n wyse van bestaan waarna algemeen verwys is as Christenheid. Dié term word gebruik om ’n tydvak aan te dui wat in die vierde eeu begin het toe Konstantyn die Christelike godsdiens tot wettige godsdiens verklaar het en Teodosius dit tot staatsgodsdiens verhef het (Niemandt 2007:13). Die gevolg was dat kerk en kultuur so verweef geraak het dat die een mettertyd moeilik van die ander te onderskei was (Robinson 2003:15). Dit is dus vanselfsprekend dat Christenheid ’n bepalende invloed sou uitoefen op die kerk (Niemandt 2007:14–15). Die kerk van die 21ste eeu is as gevolg van indringende paradigmaskuiwe gekonfronteer met nuwe uitdagings van geweldige omvang. Niemandt (2007) haal Hauerwas aan: Iewers tussen 1960 en 1970 het ’n onbekookte wêreld tot ’n einde gekom en het ’n vars, nuwe wêreld begin. Al het almal nog nie die nuus gehoor nie, is dit die reine waarheid – ’n moeë ou wêreld het op sy einde gekom en ’n opwindende nuwe wêreld wag om raakgesien te word. (bl. 11) Die uitdagings van die 21ste eeu verskil radikaal van dié van vroeëre eras. Robinson noem dit reuse ‘adaptive challenges’ (2003:15). McNeal (2003:5) praat van ’n bepaalde wêreldbeskouing wat tot ’n einde gekom het. In pre-moderne en moderne eras was dit voldoende om probleme op meganiese wyse op te los, in die huidige era is dit nie meer moontlik nie (Malphurs 1993:94; sien ook Robinson 2008:17 verv). Soeke na antwoorde In die soeke na antwoorde is daar ’n konstruktiewe teologiese gesprek aan die ontluik tussen missionale teoloë soos Alan Hirsch, Michael Frost, Tim Catchim en ander. So het die term missionaal op die voorgrond getree sedert ’n klein groepie missionale teoloë in 1998 ’n publikasie die lig laat sien het: Missional Church: A Vision for the sending of the Church in North America: The term immediately became a cliché that today means everything or nothing. Its original sense, focusing on the essential purpose and character of the church as the called and sent instrument of God’s mission in the world, has been recognised and enriched by the work of such pioneer planters of Post-Christendom Western indigenous churches (my term) as the authors of this book. (Guder 2012:xv [foreword in Hirsch & Catchim]) Daarom is dit noodsaaklik dat Hirsch se definisie van missionaal deurentyd in gedagte gehou word: Missional church is a church that defines itself, and organises its life around it’s real purpose as an agent of God’s mission to the world. In other words, the church’s true and authentic organizing principle is mission. When the church is in mission, it is true church. The church itself not only is a product of that mission, but is obligated and destined to extend it by whatever means possible. The mission of God flows directly through every believer and every community of faith that adheres to Jesus. To obstruct this is to block God’s purposes in and through his people. (Hirsch & Altclass 2009:212) Hirsch en Catchim se missionale ekklesiologie is geskoei op die apostoliese strategie van die Nuwe Testament. Aanvanklik het die Christelike apostolaat daarop gefokus om gemeenskappe te roep en te vorm om die getuienis oor die persoon en werk van Jesus Christus voort te sit en om op hulle beurt ook weer sulke geloofsgemeenskappe te vorm. Om hierdie strategie vir die hedendaagse kerk te herwin, moet die funksies van Efesiërs 4: apostel, profeet, evangelis, herwin word. Hierdie vertrekpunt gaan gepaard met kritiek op die reduksie van die vyf wesenlike funksies van Efesiërs 4 tot slegs twee: herder en leraar. Dit het missionale kerkwees in die Weste lam gelê. Guder sien die klerikalisme wat uit hierdie reduksionisme voortgevloei het as ‘one of the major and most daunting challenges that the Western Christian movement faces as it moves out of the protections of established Christendom’ (2012:xiv). Die herwinning van die apostoliese funksie is van kardinale belang vir missionale ekklesiologie. Callahan het in 1990 reeds daarop gewys dat ‘(T)the day of the professional minister is over. The day of the missionary pastor has come’. Die herwinning van die apostoliese funksie is van die grootste belang aangesien dit voorwaarde vir kerkwees is (Nel 1994:28). Die missionale ekklesiologie van Hirsch en Catchim gaan uit en uit oor die herwinning van die kerk se apostoliese funksie. Dit is ’n ekklesiologie wat hulle vanuit verskeie perspektiewe beredeneer: eksegeties-teologies sowel as organisatories-sosiologies. Om die apostolisiteit te beliggaam gebruik hulle verskillende insigte uit die wêreld van organisatoriese gedrag en leierskap in die Westerse kulture. Vir Guder (2012:xvii) is dit ’n uitstekende voorbeeld van kontekstualisering (sien ook Rouse & Van Gelder 2008:37). Niemandt (2013:20) sien die gesprek oor missionale gemeentes as ’n ‘missionale Renaissance’. In hierdie proses is dit belangrik om te ontdek dat God op die mees onverwagte plekke reeds aan die werk is (Niemandt 2013:26). ’n Kerk wat dit ontdek, skoei hulleself op die voorbeeld van God se beweging na die mensdom toe in Jesus Christus. Christus se menswording getuig van God se solidariteit met en sy omgee vir die wêreld. Inkarnasie veronderstel nie slegs dat God in Jesus Christus mens geword het nie, maar ook dat Hy deel geword het van die ekonomiese, politieke, en godsdienstige realiteit asook van die sosiale grense van sy tyd. Dit is daarom ’n oproep aan gelowiges om op dieselfde wyse as God om te gee vir God se wêreld. Die begrip inkarnasie gee ’n totaal ander inhoud aan die missionale gesprek. Ons leer God primêr ken in die aardse, alledaagse verhale wat oorvertel en in die Bybel opgeteken is as gebeure wat op ’n spesifieke tyd en plek afgespeel het. Dit is die Drie-Enige God self aan die werk: die Vader het die Seun in die alledaagse werklikheid van ’n Palestina van om en by 2000 jaar gelede, ingestuur. Dit is ook die Vader en Seun wat die Gees in die alledaagse werklikheid van ons hedendaagse bestaan instuur om die Goeie Nuus waar te maak in die lewe van gewone mense en gemeenskappe. Inkarnasie beteken dat volgelingskap praktiese neerslag vind in gewoon alledaagse aspekte. Die menswording van Jesus Christus het gevolge vir elke mens en word herhaal in elke mens – daarom sê Paulus dat hy vir die Jode soos ’n Jood geword het en vir die heidene soos ’n heiden. Inkarnerende sending Volgens Markus 3:13–19 het Jesus twaalf, ‘wat Hy apostels genoem het, aangestel om by Hom te bly sodat Hy hulle kon uitstuur om te preek. Hulle het ook die mag ontvang om duiwels uit te dryf’. Vroeër in Jesus se bediening, toe die twaalf hulleself slegs gesien het as dissipels (leerlinge), het die evangelis reeds hulle uiteindelike doel as gestuurdes geskets (as getuies van alles wat God in Jesus gedoen het). Hiervoor moes die twaalf by Hom bly en alles leer wat Hy hulle geleer het. Dit was die essensie van wat hulle moes gaan verkondig. Hulle moes ook eers die krag ontvang wat alleen Hy kon gee om die magte van hierdie wêreld te kon weerstaan in sy Naam. Soos wat hulle die verlossingswerk van Jesus verkondig, moes hulle dit doen soos hulle dit gehoor het toe hulle saam met Hom geleef en by Hom geleer het. Hulle het dus die hoe van Jesus se sending geleer soos wat hulle die wat en die hoekom van die Goeie Nuus geleer het.‘The emphasis upon incarnational mission is integrative in a very distinctive way’ (Guder 1999:5). Hierdie twee wesenlike dimensies van die evangelie moet voortdurend met mekaar geïntegreerd gehou word, naamlik die verlossende gebeure van Jesus se dood en opstanding tesame met die voorbereiding van sy sendeling-gemeenskap om daardie getuienis voort te dra. Dit sal verseker dat die ‘wêreld’ (Joh 3:16) wat God liefhet, inderdaad daardie goeie nuus hoor. Daarvoor moet die fokus altyd wees om dissipels te maak met die oog op apostelskap (Mead 1994:43). Handelinge begin deur te berig oor Jesus se persoonlike ontmoeting met sy dissipels voor sy hemelvaart. Die opgestane Here deel sy volgelinge hulle nuwe taak mee: ‘Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld’ (Hand 1:5). Vir die missionale teologie van Lukas-Handelinge is getuie-wees die deurslaggewende term. Getuie-wees beteken: alles wat die Christelike gemeenskap is, doen en sê moet blyke wees van getroue gehoorsaamheid aan die Heer van die kerk en daarmee saam ook uitdrukking van die Here se liefde vir die wêreld. Guder (1999:6) sien die Nuwe Testament as ’n deurlopende onderrig van hoe die kerk as ’n missionale gemeenskap getrou kan bly aan sy roeping. Die begrip getuie integreer die wie, wat en hoe van die Christensending. Die Christen as individu word gedefinieer as Christus se getuie; die hele Christengemeenskap word gedefinieer as ’n getuigende gemeenskap; die kerk se impak op die wêreld waarin die kerk gestuur word, is die kerk se waarneembare getuienis; al die kerk se aktiwiteite is op een of ander wyse uitdrukking van hierdie getuienis. God se Gees wat op verborge en genadige maniere werk bemagtig die menslike en feilbare getuies om die instrumente te wees waardeur die wêreld die goeie nuus hoor en uitgenooi word om volgelinge van Jesus te word. Die doel van inkarnerende getuienis is ‘sodat die genade van God steedsmeer mense kan bereik. Dan word die dankgebede ook meer, en God ontvang die eer’ (2 Kor 4:15). Inkarnerende getuienis Inkarnerende getuienis impliseer ondergeskiktheid aan alles wat Christus verteenwoordig. Ten spyte van die struikelblokke watdie sondige menslike natuur meebring, bly Jesus se menswees die duidelike riglyn van hoe en wat God wil dat sy mense sal wees: The Christian’s life in communion with Christ, which for Barth forms the very heart of our calling and identity as witnesses, means that we belong to Jesus, we are constantly confronted and converted by his love, and we discover the very content of our life in serving him. (Guder 1999:16) Inkarnerende getuienis is dus getuienis van die volledige doel en skopus van God se handelinge in Christus. Hierdie uitgangspunt moet verstaan word teen die agtergrond van die reduksionisme wat hand aan hand gaan met ’n digotomie wat endemies blyk te wees aan Westerse Christendom: dit is dat persoonlike verlossing los gesien word van die missionale doel waarvoor God mense roep en verlos. ‘The mission-benefits dichotomy (which I explore in Be My Witnesses) is diametrically opposed to incarnationale witness’ (Guder 1999:17). In die lewe en werk van die missionale gemeenskap moet die volheid van Jesus se goeie nuus bekendgemaak word. Dit is die evangelie wat gelei het tot die heling van die skepping, die vestiging van geregtigheid, en die ontbloting van sisteme van verdrukking wat in stryd met God se bepalings is. Getuienis van hierdie evangelie is die kerk se roeping. Dit beteken dat die evangelie altyd die roeping tot dissipelskap is wat op apostolaat uitloop. Daar is ook ’n ander vorm van reduksionisme te bespeur, veral by die hoofstroomkerke. Dit is dat lidmate kan deelneem aan programme wat uit die evangelie voortspruit, sonder dat hulle die goedheid van die evangelie self ervaar. Dit gebeur wanneer die koninkryk van God verstaan word as resultaat van uitsluitlik menslike pogings, en nie as resultaat van die missio Dei nie. Die wisselwerking tussen God en mens moet konsekwent gehandhaaf word. ʼn Inkarnerende geloofsgemeenskap Getuienis oor Jesus word geïnkarneer soos wat die gemeente gevorm word as ’n missionale geloofsgemeenskap (vgl. Van der Merwe 2015:25). Jesus se model met die oog op die missionale getuienis van sy kerk is om dissipels te maak wat apostels word. So word missionale geloofsgemeenskappe gevorm. Die evangelie moet vertel en uitgeleef word; soos wat die evangelie vertel en uitgeleef word deur ’n spesifieke geloofsgemeenskap sit daardie geloofsgemeenskap God se reddende werk voort. Pinkster is immers die gevolg en implementering van Paasfees. Wat God gedoen het in Jesus se opstanding en bevestig het by Jesus se hemelvaart, word nou bekend gemaak in die hele wêreld deur Jesus se volgelinge: It is of the essence of the matter that Jesus was not concerned to leave as the fruit of his work a precise verbatim record of everything he said and did, but that he was concerned to create a community which would be bound to him in love and obedience, learn discipleship even in the midst of sin and error, and be his witnesses among all people. (Guder 1999:21) Jesus het sy dissipels gekies en voorberei om die kern te wees van sy nuwe missionale volk wat Hy sou uitstuur as sy getuies. So het Hy die verlossingsverhaal wat begin met Abraham, gekontinueer. God het Abraham en sy nageslag geseën met die oog daarop om ’n seën vir die nasies te wees (Gen 12:1–3; 22:15–18; 26:4–5). Die keuse van 12 dissipels (Mark 3:13 verv) is ’n doelbewuste voortsetting van die verhaal van Israel (Guder 1999:22). Die sentrale plek van ’n geloofsgemeenskap in hierdie verhaal impliseer dat die evangelie ‘altyd beliggaam was.’ Die Woord moet altyd weer vlees word, beliggaam word in ’n geloofsgemeenskap. Die evangelie kan nooit volledig vasgevang word in preposisies, geloofsbelydenisse of teologiese sisteme, hoe belangrik dit ook mag wees nie. Die evangelie woon in en vorm die mense wat as getuies van die evangelie geroep is. Die boodskap is dus onlosmaaklik verbonde aan die boodskapper. So het die vroeë kerk in Jerusalem geleef op ’n wyse wat die hele volk goedgesind was (Hand 2:47). Die getuienis wat deur die Christelike geloofsgemeenskap geleef word, word so geleef omdat daardie geloofsgemeenskap getuie is, sigbaar en hoorbaar, gegee in en aan die wêreld, sodat die evangelie al verder gehoor én gesien sal word. Die inkarnerende getuienis van die geloofgemeenskap is egter nie ‘sondeloos’ nie, maar die beliggaaming van genade soos wat dit gestalte kry in berou, bekering en vergifnis: Like the individual Christian, the incarnational community lives and testifies as a people who are simul justus et pecator (Martin Luther). What the world should experience in the church is not perfect Christians, but honest Christians whose lifes enflesh the real possibility of new life, a new creation, living hope, and confidence that ‘the one who began a good work among you will bring it to completion by the day of Jesus Christ (Phil 1:6)’. (Guder 1999:23) Om ’n perfeksionistiese kerkbegrip te voorkom, moet die inkarnerende geloofsgemeenskap met omsigtigheid gedefinieer word. Realisme oor die kerk se menslike broosheid mag nooit die Gees se krag om God se volk te transformeer oorskadu nie. Die inkarnerende karakter van die kerk word immers nie gegrond in perfeksionisme nie, maar in die kerk se onderwerping aan Christus. Die identiteit van die kerk word gedefinieer deur haar verhouding met Jesus Christus. Hulle verhouding met Jesus was immers die rede waarom die Jesus-volgelinge aanvanklik die naam ‘Christene’ (Hand 11:26) gekry het. Die kerk se selfverstaan as inkarnerende geloofsgemeenskap moet gefokus bly op die kerk se doel soos bepaal deur die Heer van die kerk. Soos wat die kerk in die Weste op grond van hierdie selfverstaan poog om ’n missionale teologie te ontwikkel, kry die kerk met veral twee uitdagings te doen. Eerstens is inkarnerende apostolaat ’n uitdaging vir die institusionele kerk van die Christenheid. As dit waar is dat Christus die roeping van die kerk definieer, en as die geroepe geloofsgemeenskap die goeie nuus moet inkarneer kan nóg die instituut se oorlewing nóg die instandhouding van die instituut, prioriteit wees. Die instituut is nie die uiteindelike en bedoelde resultaat van God se genade nie. Christus het nie gesterf om Christene te red nie, of om ’n passiewe gemeenskap van geredde mense te vorm nie, maar om God se redding na die wêreld toe te bring. Die vorming van die kerk en die verlossing van die kerk se lede is slegs die eerste vrugte van God se wens vir die hele skepping. Die apostolaat mag daarom nie gereduseer word tot institusionele instandhouding of oorlewing nie. Die vorming en voortsetting van institute is egter ’n historiese verskynsel van hoe groepe hulleself onvermydelik orden. Die vorming en ordening van God se volk is by sowel Israel as die kerk noodwendig ook ’n institusionele proses. Hirsch is oortuig dat strukture noodsaaklik is, ‘but they must be simple, reproducible and internal rather than external’ (2006:186). Die probleem lê daarom nie by die dat van institute nie, maar by die hoe: If this were not so, then the calling and sending of God’s people would be a docetic, non-historical ‘spiritual’ process with little relevance to the world God loves. The problem is not that the church is institutional but how it is institutional. From the beginning of his ministry, Jesus challenged the institutional forms of God’s elect people because in many ways, they become a betrayal of God’s mission. (Guder 1999:25) Jesus se kritiek op die religieuse leiers van sy tyd lê die verskeidenheid bloot waarop die institute van toe en nou die mandaat tot inkarnasie kan reduseer en verwring. Jesus se boodskap was in hierdie verband konstant ’n oproep tot bekering. Die institusionele kerk het blykbaar ’n subtiele maar tegelyk kragtige belang daarby om die evangelie beheerbaar te maak (Joubert 2009:50). As verdedigers en begunstigdes van die instituut, word die kerk egter deur die mandaat van inkarnerende apostolaat uitgedaag om die manier waarop die kerk funksioneer, krities te evalueer. Die vraag waarmee die inkarnerende verstaan van apostolaat die kerk konfronteer is: is die institusie ’n beliggaming van die goeie nuus? Weerspieël die wyse waarop die kerk as organisasie lewe, werk, geld bestee en besluite neem, beide die karakter en die doel wat God vir die mensdom het? Tweedens daag inkarnerende apostolaat individualisme uit wat so eie is aan die Westerse kultuur. As die evangelie geïnkarneer word in en deur ’n geloofsgemeenskap, moet die individuele Christen gedefinieer en verstaan word as deel van die geloofsgemeenskap. Die individuele Christen is konstitusioneel deel van ’n organiese geheel wat lewe en funksioneer wanneer al die onderdele van die geheel hulle wedersydse interafhanklikheid beoefen. Hierdie interafhanklikheid doen nie afbreuk aan die besondere evangelie-belewenis van die individuele Christen nie. Die ervaring van die individuele Christen bly altyd gegrond in God se voorafgaande handeling deur die geloofsgemeenskap en dit moet daardie gemeenskap op sy beurt ook verryk. Individue glo omdat God in die geloofsgemeenskap werk. Verder weef die Heilige Gees elke gelowige se storie van geloof in die storie en getuienis van die hele geloofsgemeenskap in. Die uitdaging aan die kerk is: hoe kan die inkarnerende geloofsgemeenskap so gevorm word dat hulle nie op religieuse perfeksionisme aanspraak maak nie maar voortdurend lewe in volgehoue onderwerping aan hulle Here en individualisme op radikale wyse oorkom deur die persoonlike en korporatiewe dimensies van hulle geloof aan mekaar te verbind? Gelowiges word geroep om Jesus soos die 12 dissipels te volg en om die apostoliese opdrag voort te sit. In die wêreld van die Nuwe Testament het ’n dissipel homself onderwerp aan ’n leermeester in ’n intieme, allesomvattende verhouding van leer, imiteer en volg (Bell 2005:127; Watson 1983:19–31). Die intieme verhouding van dissipelskap vorm die basis van inkarnerende apostolaat. Beide getuienis en impak as getuies (martyroi en martyria) word gevorm deur Jesus Christus. Die werk wat Hy begin met en deur die aanvanklike dissipels word dus voortgesit in en deur die versamelde geloofsgemeenskap van nou. Dit is ook die kern van die apostolisiteit van die kerk. Die verhouding wat die eerste dissipels met Jesus gehad het word voortgesit in elke spesifieke geloofsgemeenskap se eie verhouding met hulle Heer. Hierdie intimiteit vorm ook die hart van die Christelike erediens, veral die Nagmaal as belewenis van Christus se teenwoordigheid. Herstel die DNS Vir Hirsch en Catchim (2012:xx verv) is die rede waarom die hoofstroomkerke steeds sukkel om God se missionale opdrag uit te voer, geleë in ’n onvermoë om die voorskrifte volgens Efesiërs 4 te implementeer. Hulle beskou Efesiërs 4:1–16 as die noodsaaklike boustene vir missionale bediening. Hulle is oortuig dat waardering en aanwending van Efesiërs 4 enorme energie sal loslaat, wat die tans dormante potensiaal in die kerk sal ontsluit. Elke missionale beweging in die wêreld wat ’n noemenswaardige resultaat gehad het, is gebou op die vyfvoudige bediening van Efesiërs 4. Die herontdekking en die herinstelling van die ekklesiologie wat Efesiërs 4 voorhou, hou ook geweldige potensiaal in vir ons eie situasie. Dit is ’n ekklesiologie wat op die vyfvoudige bediening van Efesiërs 4 (APEHL: apostel, profeet, evangelis, herder en leraar = DNS van die kerk) gebou is (Hirsch & Catchim 2012:8): - Die apostel is getaak met sowel die algehele lewenskrag (vigour), as die daadwerklike uitbreiding van die Christendom as geheel. Dit word direk gedoen deur sendingwerk en kerkplanting. Soos wat die naam suggereer is dit die egte missionale bediening van gestuur wees (missio), ingeskryf in apostello [die gestuurde een]. - Die profeet is geroep om getrouheid aan God onder die mense van God in stand te hou. In wese is die profete die bewakers van die verbondsverhouding. - Die evangelis is die werwer. Dis die ‘aansteeklike persoon’, iemand wat in staat is om mense vir die beweging te werf en in te skakel deur die evangelie oor te dra. - Die herder is geroep om geestelike ontwikkeling te voed, die gemeenskap se gesondheid te onderhou, en om ’n liefdevolle gemeenskap tussen die mense van God te kweek. - Die leraar bemiddel wysheid en begrip. Die filosofiese tipe bring ’n oorkoepelende uitgebreide verstaan van die openbaring wat aan die kerk bemaak is (Hirsch & Catchim 2012:8). Al vyf hierdie bedieninge is noodsaaklik om missionale kerk te wees. ʼn Brief aan almal Daar kan baie afgelei word van die aard van ’n brief as dit bekend is aan wie die brief geskryf is (Hirsch & Catchim 2012:10). Die brief aan die Efesiërs is geadresseer aan gewone mense wat deel was van die talle huiskerke dwarsoor die stad Efese, mans, vroue, slawe, verskillende rasse, klasse en sosio-ekonomiese status. Efesiërs is ’n brief vir die kerk oor die kerk en moet so gelees word. Verder is dit ’n generiese brief, bedoel vir wyer gebruik onder die verskillende Nuwe Testamentiese kerke, waaronder ook Efese. Die Efesiërbrief is nie ’n kontekstuele dokument nie. Galasiërs en 2 Korintiërs is gerig aan spesifieke gemeenskappe wat met spesifieke probleme geworstel het. Efesiërs het universele betekenis wat verder strek as lokale probleme in ’n gemeente (verg Hirsch & Catchim 2012:10). Die universele aard van die ekklesiologie in Efesiërs, herposisioneer ons om die Efesiërs te sien as ’n soort konstitusionele dokument vir kerkwees met verse 11 en 12 as die wyse om die konstitusie operasioneel te maak (verg Hirsch & Catchim 2012:10). Die APEHL van Efesiërs 4 voorsien ook die nodige taal om ’n volledige woordeskat om die kerk te organiseer. Sodoende kan die verstaan van die kerk se wesenstaak/roeping hervorm word. In plaas daarvan om die kerk slegs te sien as ’n verlengstuk van die teologiese opleiding (Leraar), of as geestelike voedingstasie (Herder), moet kerkwees verstaan word as beliggaaming van Christus se totale bediening. Indien volhard word met die bestaande standaard raamwerk van leraar en herder in pogings tot kerk-planting, sal die nuwe ‘plant’ slegs ook net eredienste hou en Bybelstudies aanbied. ’n Breër APEHL verstaan en woordeskat sal ook insig bring in die ander funksies van die kerk. Wanneer die teks self ontleed word, kan drie ‘bewegings’ binne die oorkoepelende eenheid van Efesiërs 4:1–16 onderskei word: Eenheid in verse 1–6, diversiteit/APEHL in verse 7–11, en volwassenheid in verse 12–16 (verg Hirsch & Catchim 2012:13–15). Eenheid in die een God: Verse 1–6 Die teks aan die begin van Efesiërs 4 vloei voort uit ’n gebed vir die kerk in Efesiërs 3:14–21 (Hirsch & Catchim 2012:13 verv). Dit is ’n gebed vir hulle kennis van God in Christus asook dat hulle mag opgroei om die volheid van Christus in die wêreld te wees. Direk na die gebed volg ’n beroep om deurlopend te leef met ’n besef van wie God is en wat Hy in Christus gedoen het. Efesiërs 4 is die ‘skarnier’ deel van die brief waar daar van teologie na praxis beweeg word. En soos enige goeie inleiding tot ’n konstitusie, word die kern teologiese noodsaaklikhede hier saamgevat in sewe teologiese stellings waarmee verwys word na: - God - geloof - en die kerk se eenheid (Hirsch & Catchim 2012:13). Eenheid Soos vele ander aspekte in die Efesiërbrief is die sewe ‘ene’ (een liggaam, een Gees, een hoop, een Here, een geloof, een doop, een God en Vader van almal), almal universele waarhede. Dit verskaf die teologiese koördinate om eenheid in die ontluikende en toenemend diverse beweging te behou. So word die teologiese integriteit van die kerk gehandhaaf en daarmee ook die grense vir die regte leer getrek (verg Hirsch & Catchim 2012:13). Diversiteit Nadat die basis vir kerklike eenheid gelê is, beweeg Efesiërs 4 dadelik na die Christus-toegedeelde aard van die bediening van die ekklesia (Ef 4:7–11). Nadat daar oor die hemelvaart gehandel is sê die outeur dat Jesus sekere ‘gawes’ (bedieninge, roepings, of opdragte) aan die kerk ‘gegee het’ (aoristus indikatief), en dit verder uitgedeel het soos wat Hy dit goedgedink het. Hierdie gawes is duidelik en ondubbelsinnig benoem as die APEHL. Hierdie gawes is Christologies en verteenwoordig die konstitusionele bediening van die kerk (verg Hirsch & Catchim 2012:14). Volwasse in Christus Hoewel dit ’n valse breuk is om vers 12 van vers 11 te skei, kan daar tog ’n skuif in die argument onderskei word. Dit is ’n skuif vanaf die voorskrywing van die APEHL in vers 11 na ’n beskrywing van die verwagte uitkomste daarvan in vers 12. Dit gee insig in die rede waarom die APEHL in die eerste plek gegee is. Dit is gegee sodat die liggaam van Christus kan groei en volwasse word (beliggaming), die eenheid wat in verse 1–6 beskryf is, uitgeleef kan word, om werklike begrip te kry dat Christene nie wispelturig sal wees wat oorgegee aan teologiese illusies lewe nie en ook om hulle organiese heelheid in Christus en mekaar te vind, soos wat Jesus hulle bedoel het om te wees (Hirsch & Catchim 2012:14). Die logika van Efesiërs 4 is geïntegreerd en teologies gesond. Dit verduidelik dat die kerk se vermoë tot wederkerigheid en volwassenheid gebaseer is op die ortodokse leer maar ook op die kerk se bediening soos uitgedruk in APEHL. ’n Volwasse en gesonde kerk leef sy belydenis uit soos wat die kerk ook in sy belydenis lewe. Indien die inherente logika van die teks geïgnoreer word moet die uitkomste verwag word wat sodanige ignorering noodwendig teweeg gaan bring (Hirsch & Catchim 2012:15). Volgens Efesiërs 4 is ’n ten volle funksionerende vyfvoudige APEHL-bediening die Christus-gegewe verdedigingsmeganisme teen dwaalleer en valse leer. Die APEHL as geheel laat die kerk verby ’n teologiese naïwiteit beweeg en anker die kerk in ’n geïntegreerde verstaan van die sentrale boodskap en kern-leerstellings van die kerk. Vreemd genoeg – dit is juis die diversiteit wat in die APEHL vervat is wat die kerk help om tot eenheid in die geloof te kom (Hirsch & Catchim 2012:16). Wanneer die teks gewoonweg (induktief) gelees word sonder ’n vooraf teologiese voorveronderstelling (deduktief), is dit nie moeilik om te sien dat die kerk nie kerngesond kan wees sonder die APEHL-bediening nie. Vers 13 sê dit uitdruklik, terwyl die logika van die hele teks dit ook in die oog het. Daar bestaan geen twyfel dat verse 1–6 as gesaghebbend aanvaar word vir die leer van die kerk nie. Dit is duidelik bedoel vir die universele kerk van alle tye en plekke. So ook verse 12–16. Indien die teksgedeeltes aan elke kant van verse 7–11 gesaghebbend en bindend is vir die kerk van alle tye en plekke, kan verse 7–11 nie minder gesaghebbend, bindend en universeel wees nie. Hierdie verse maak trouens grammatikaal en tematies die hart van hierdie skrifgedeelte uit. Dit is eenvoudig nie moontlik om die kerk te wees wat Jesus ons bedoel het om te wees as drie bedieninge (APE) nie volledig deel uitmaak van die vyf ‘konstitusionele’ bedieninge van die kerk nie (verg Hirsch & Catchim 2012:16). Dit het egter gebeur en die tragiese gevolge daarvan word wêreldwyd deur hoofstroomkerke ervaar. En selde indien ooit het die kerk op grond van Efesiërs probeer om dit reg te stel. Die soort volwassenheid wat Efesiërs 4 bedoel is die kerk se kapasiteit om die missio van Jesus in die wêreld te beliggaam. Wanneer gesê word die APEHL is gegee om die ‘heiliges toe te rus’ word die woord kataptismo gebruik. Dit kan ook beteken, ‘om ’n gebreekte been te spalk’. APEHL help die kerk dus om volwasse te word dat die ‘liggaam’ kan ‘loop’ en uiteindelik kan ‘staan’ teen die magte wat die mensdom ‘ont-mens’ (Ef 6:10–16) (Hirsch & Catchim 2012:16). Die weglating van die APE’s Die fokus is om die wanbalans reg te stel wat ontstaan het as gevolg van die noodlottige weglating van die A(postel), P(rofeet) en E(vangelis). Die gevolg van hierdie weglating was dat alle bedieninge ‘ingeforseer’ moes word in die formate van H(erder) en L(eraar) (pastor en teoloog). Deur die APE binne die eerste drie eeue van die Christelike geskiedenis uit die kerk se bediening uit te rangeer, en die kerk se bediening daarna slegs te definieer aan die hand van die H en L (die herder en teoloog), het die kerk effektiewelik iets gedoen wat genoem kan word ‘reflektiewe ekwilibrium’, dit is om feite en bewyse by voorafbestaande kategorieë te maak pas (Hirsch & Catchim 2012:17). Guder in Hirsch en Catchim (2012) vind die oorsprong hiervan by Calvyn: Calvyn bestee baie aandag aan die relevansie van Ef 4:1–16 vir die formasie en strukturering van die kerk. Maar na etlike eeue van Christendom, het hy probleme met Christus se gawes van sommige as apostels, profete en evangeliste. Calvyn argumenteer dan soos volg: ‘Hierdie drie funksies is nie in die kerk gevestig as funksies nie, maar dit is slegs gevestig vir daardie tyd waarin die kerk opgerig moes word en daar geen kerk vooraf bestaan het nie’. Hy erken dat daar spesiale geleenthede mag wees waar hierdie ampte weer nodig mag word, maar die APE sal volgens Calvyn, buitengewone ampte/bedieninge bly. Maar, so redeneer Calvyn verder, die H en L (die pastors en leraars/teoloë) is ampte waarsonder die kerk glad nie kerk kan wees nie. (bl. 19) Dit verklaar hoe die tradisionele herder-leraar model die (vals) standaard geword het waarby alle bedieninge gemaak pas is, sodoende het die pastor (herder) en in ’n mindere mate ook die leraar, die oorkoepelende-alles-insluitende titels geword, terwyl die woord pastor/herder (pomein) slegs 1 keer gevind word (in Ef 4). Die Woord leraar word meer kere in die Nuwe Testament gebruik – 10 keer. En tog is herder en leraar die standaard vir alle bedieninge gemaak (verg Hirsch & Catchim 2012:20). Een aoristus Wat betref die APEHL is dit belangrik om daarop te let dat die werkwoord vir ‘gegee’ (edothe) in verse 7 en 11 aoristus indikatiewe is. Dit beteken hierdie gawes is vir eens en vir altyd aan die kerk gegee, met ’n duidelike en steeds geldende betekenis vir die kerk. Wat meer is, is van al vyf APEHL bedieninge word gesê hulle is edothe [gegee]. In die Griekse taal bepaal die werkwoord die objekte waarna dit verwys. Nie een van hierdie vyf bedieninge kan afgeskaal of geïgnoreer word sonder om die legitimiteit, betekenis en lewensvatbaarheid van die ander terselfdertyd te ondermyn nie (verg Hirsch & Catchim 2012:20). Aan elkeen van ons Waar die APEHL wel ernstig opgeneem word, word dit gesien as slegs van toepassing op die kerkleierskap (verg Hirsch and Catchim 2012:21–22). So word gemeen dat Jesus sommige in die liggaam toegerus het om ander op te lei vir bediening. Met die eerste oogopslag klink dit reg. Hierdie interpretasie van die teks is egter die newe-produk van die institusionele maniere waarop die kerk oor die jare georganiseer is en verstaan dit nie die ekklesia van die Nuwe Testament as ’n beweging nie. Dit kan reggestel word deur die teks van vers 7 af te lees in plaas van vers 11 af. Vers 7 lees: ‘Aan elkeen van ons (Grieks hekasto) is ’n genadegawe gegee volgens die mate waarin Christus die gawes uitgedeel het’. Hekasto beteken letterlik, aan elke iedere een. Die outeur se bedoeling was dat sy lesers letterlik sou verstaan, aan elkeen, dit is, elke gelowige wat hierdie woorde lees en hoor, in die outeur sowel as in ons tyd. Hierdie gawes is nie aan ’n paar van die elite gegee tot voordeel van die baie nie, maar dit is aan almal gegee tot voordeel van almal; dit is die gelowiges wat die gelowiges moet toerus. Hou in gedagte dat hierdie brief geskryf is aan die huiskerke, om hardop in elke huiskerk gelees te word. So kon die versamelde ekklesia in Efese en nie slegs die leiers nie, hoor wat die apostel leer. Die brief is gerig aan al God se mense van oor al die rassegrense, sosiale grense, ekonomiese grense, en geslagsspektrum. Die APEHL-tipologie sluit dus alles in. Dit is ’n groot paradigmskuif wat ons na die hart neem van wat dit beteken dat die kerk missionale beweging moet wees (verg Hirsch & Catchim 2012:20–22). Christus se bediening in en deur sy liggaam Vers 11 teken die bediening van Christus, soos dit uitgedruk word in en deur die liggaam van Christus as Apostel, Profeet, Evangelis, Herder en Leraar (verg Hirsch & Catchim 2012:22–23). Omdat die kerk liggaam van Christus is, moet dit al die dimensies van Christus se bediening weerspieël. Elke (APEHL) gawe is tegelyk ’n uitnodiging én ’n voorsiening van die middele om deel te neem aan die werk van Jesus. ’n Tweevoudige bediening kan nie die allesomvattende werk van Christus in hierdie wêreld reflekteer nie. Die APEHL is gewortel in en terselfdertyd brei dit ook die oorspronklike bediening van Jesus uit (Hirsch & Catchim 2012:23). Efesiërs 4 gaan oor roeping. Efesiërs 4:1: ‘… laat julle lewenswandel in ooreenstemming wees met die roeping wat julle van God ontvang het’ (kalesis). In die Griekse teks word kalesis twee keer gebruik: ‘die roeping waarmee Hy julle geroep het’ (Hirsch & Catchim 2012:25). Die opvallende hier is die wyse waarop werkwoorde in vers 11 gebruik word. In plaas daarvan om die aktiwiteite wat afsonderlik en apart van die individu bestaan te lys, word die ‘wees’ met die ‘doen’ verbind. Die ‘taak’ en die ‘persoon’ is met ander woorde dieselfde. Dit is ’n kwessie van roepingsidentiteit (Hirsch & Catchim 2012:25). Deur APEHL is die gelowige se identiteit en roeping in Christus gewortel. Indien aanvaar word dat APEHL die struktuur is wat die Here self gegee het, sal dit nie slegs moontlikhede open in terme van onbenutte menslike kapitaal nie; dit sal die kerk ook posisioneer om weereens verryk te word met die volle spektrum van die kollektiewe DNS wat Jesus in sy volgelinge geplaas het. Die APEHL is nie slegs Bybels nie, dit bied ook alles wat die kerk nodig het om sy roeping en opdrag uit te voer ten spyte van al die uitdagings van die 21ste eeu. Om die APEHL te ontsluit kan vergelyk word met die krag wat losgelaat word by kernfusie (Hirsch & Catchim 2012:26). Erkenning Mededingende belange Die outeur verklaar dat hy geen finansiële of persoonlike verbintenis het met enige party wat hom nadelig kon beïnvloed het in die skryf van hierdie artikel nie. Literatuurvewysings Bell, R., 2005, Velvet Elvis: Repainting the Christain faith, HarperCollins, New York. Bosch, D.J., 1993, Transforming mission. Paradigm shifts in theology of mission, Orbis Books, Maryknoll, NY. Callahan, K.L., 1990, Effective church leadership: Building on the twelve keys, Harper, San Francisco, New York. Guder, D.L., 1999, The incarnation and the church’s witness, Trinity Press International, Harrisburg, PA. Hirsch, A., 2006, The forgotten ways: Reactivating the missional church, Brazos Press, Grand Rapids, MI. Hirsch, A. & Altclass, D., 2009, The forgotten ways handbook, BrazosPress, Grand Rapids, MI. Hirsch, A.& Catchim, T., 2012, The Permanent revolution: Apostolic Imagination and Practice for the 21st Century Church, Jossey-Bass, San Francisco, CA. Joubert, S., 2009, Jesus ʼn radikale sprong, Christelike uitgewersmaatskappy, Vereeniging. Kirk, J.A., 2000, What is mission?: Theological explorations, Fortress Press, Minneapolis, MN. Malphurs, A., 1993, Pouring new wine into old wineskins: How to change a church without distroying it, Baker Books, Grand Rapits, MI. Mead, L.B., 1994, Transforming Congregations for the future, The Alban Institute, Inc, Bethesda, MD. McNeal, R., 2003, The present future, six tough questions fot the Church, Jossey Bass, San Francisco, CA. Nel, M., 1994, Gemeentebou, Orion Uitgewers, Halfway House, Johannesburg. Niemandt, N., 2007, Nuwe drome vir nuwe werklikhede, Lux Verbi. BM, Wellington. Niemandt, N., 2013, Nuwe leiers vir nuwe werklikhede, Christelike Uitgewersmaatskappy, Vereeniging. Peterson, C.M., 2013, Who is the Church? An ecclesiology for the twenty-first century, Fortress Press, Minneapolis, MN. Robinson, A., 2003, Transforming congregational culture, William B. Eerdmans, Grand Rapids, MI. Robinson, A., 2008, Changing the conversation: A third way for congregations, William B. Eerdmans, Grand Rapids, MI. Rouse, R., & van Gelder, C., 2008, A Field guide for the missional congregration, Augsburg Fortress, Minneapolis. Tyra, G., 2013, A missional orthodoxy: Theology and ministry in a post-Christian context, IVP Academic, Downers Grove, IL. Van der Merwe, J.C., 2015, ‘Die inkarnering van die missio Dei as praktykmodel vir die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika’, HTS Teologiese studies/Theological Studies 71(3), Art.#3066, 1–16. https://doi.org/10.4102/htsv71i3.3066 Van Gelder, C., 2007, ‘Missiology and the missional church in context’, in C. van Gelder (ed.), The missional church in context: Helping congregations develop contextual ministry, pp 12–43, William B. Eerdmans, Grand Rapids, MI. Ward, P., 2002, Liquid church: A bold vision of how to be God’s people in worship and mission – A flexible, fluid way of being church, Hendrickson Publishers, Peabody, MA. Watson, D., 1983, Discipleship, Hodder & Stoughton, London. Wright, C.J.H., 2006, The mission of God. Unlocking the Bible’s grand narrative, IVP Academic, Downers Grove, IN.
<urn:uuid:6166b97c-f0db-4075-bdd9-c3f0df424aa4>
CC-MAIN-2019-30
https://hts.org.za/index.php/hts/article/view/4682/10794
2019-07-23T16:57:34Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529480.89/warc/CC-MAIN-20190723151547-20190723173547-00271.warc.gz
by
4.0
a_tag
false
true
{ "abbr": [ "by", "by" ], "in_footer": [ true, false ], "in_head": [ false, false ], "location": [ "a_tag", "a_tag" ], "version": [ "4.0", "4.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999948
false
Benrathlyn Die Benrathlyn is 'n dialekskeidingslyn (isoglos) wat die variëteite wat die verandering van k na ch ná oorspronklik lang klinkers ondergaan het, skei van die variëteite waarvoor dit nie geld nie. As gevolg hiervan word dit ook die maken/machen-lyn genoem. Die lyn het ontstaan tydens die Tweede Germaanse klankverskuiwing (in ongeveer 500 nC.) waaraan die Nederduitse dialekte nie deelgeneem het nie. Die Wes Germaanse tale is langs die lyn verdeel. Die groep tale suid van die lyn het in Hoogduits ontwikkel terwyl die ander Wes-Germaanse tale (Engels, Nederlands (en dus Afrikaans), Fries, en Nedersaksies) apart ontwikkel het. Benoorde van die lyn lê dus die sogenaamde Nederduitse variëteite, en besuide daarvan die Middelduitse en Hoogduitse variëteite. Die lyn begin by die Germaans-Romaanse taalgrens suid van Eupen in België, loop oos van Eupen noordwaarts, oorkruis die Nederlands-Belgiese grens en loop verder noord tot by die Nederlands-Duitse grens. Die gevolg is dat die dialek van Eupen (waar Duits die amptelike taal is) tot Nederduits gereken word, en dat die dialekte van die Nederlandse dorpe Vaals, Bocholtz en Kerkrade, wat oos van die lyn lê, by Middelduits tuishoort. In Duitsland loop die lyn in 'n noordoostlike rigting na die Duits-Poolse grens aan die Oder; vroeër het dit verder oos geloop tot in Ermland (suid van Koningsberge). Die Nederduitse gebied omvat ruimskoots die hele Nederland en Vlaandere en die Duitse deelstate Sleeswyk-Holstein, Hamburg, Bremen, Nedersakse, Noordryn-Westfalen, Mecklenburg-Voorpommeren, Sakse-Anhalt, Brandenburg en Berlyn. 'n Deel van die voormalig Duitse grondgebied wat tans in Pole lê behoort ook daaraan. Variëteite wat die Hoogduitse klankverskuiwing slegs deels ondergaan het word in 'n groot gebied gevind, wat loop van Limburg tot ver oos van die Ryn en van Venlo tot aan die Moesel. Vanweë die uitwaaiering van die isoglosbundels noem mens die gebied die Rynlandse waaier. Ten dele lê dié ten noorde van die Benrathlyn: in die meeste Limburgse dialekte sê mens byvoorbeeld ich (ek) en ouch (julle), maar alle ander woorde het die k behou. Die lyn wat die grens van die woord vir "ik" teenoor "ich" aandui, heet die Uerdingenlyn, 'n sylyn van die Benrathlyn. Dit is natuurlik willekeurig welke isoglosse mens neem en nie slegs die k nie, maar ook die p en die t het verander; in Nederland is dit daarom nie ongebruiklik om alle dialekte wat enige kenmerk van die klankverskuiwing toon, Middelduits te noem nie. Die dialekte van Suid-Brandenburg (in die voormalige DDR) het in die twintigste eeu meer na Hoogduits verskuif, sodat die Benrathlyn daar omgekeer is. Die ou woord ick bly daar egter wel bewaar, met die gevolg dat die situasie in Berlyn nou ongeveer die teenoorgestelde is van dié in (byvoorbeeld) Maastricht. Die grens loop dwarsdeur die Limburgse taalgebied soos mens dit in die breë sin defineer, naamlik met groot dele van Duitsland ingesluit. In Limburg, Nederland loop die grens meer na die suidooste. Heerlen lê aan die noordekant en Kerkrade aan die suidekant. Die munisipaliteit Landgraaf word daardeur in twee verdeel.
<urn:uuid:da079bef-80ca-4a03-bb75-5248e19b328c>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Benrathlyn
2019-07-17T11:03:43Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525136.58/warc/CC-MAIN-20190717101524-20190717123524-00055.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999825
false
alkoholisme Naar navigatie springen Naar zoeken springen Niet te verwarren met: alcoholisme, Alkoholismus | Inhoud - 1 Deens - 2 Indonesisch - 3 Javaans - 4 Ambonees Maleis - 5 Noors - 6 Nynorsk alkoholisme - al·ko·hol·is·me - van het Nederlandse "alcoholisme" alkoholisme alkoholisme alkoholisme - al·ko·ho·lis·me alkoholisme - (medisch) alcoholisme - «Alkoholisme er et samfunnsproblem i mange land.» - Alcoholisme is een maatschappelijk probleem in vele landen. - «Alkoholisme er et samfunnsproblem i mange land.» enkelvoud | meervoud | ||| ---|---|---|---|---| onbepaald | bepaald | onbepaald | bepaald | | nominatief | alkoholisme | alkoholismen | || genitief | alkoholismes | alkoholismens | - al·ko·ho·lis·me alkoholisme enkelvoud | meervoud | ||| ---|---|---|---|---| onbepaald | bepaald | onbepaald | bepaald | | nominatief | alkoholisme | alkoholismen | || genitief |
<urn:uuid:f24aa884-a78e-421c-a712-cedfc9faddb7>
CC-MAIN-2019-30
https://nl.wiktionary.org/wiki/alkoholisme
2019-07-18T15:31:45Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525659.27/warc/CC-MAIN-20190718145614-20190718171614-00215.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.662136
false
Simon van der Stel Simon van der Stel | | Portret van Simon van der Stel, deur Pieter van Anraedt | | 1ste Goewerneur van die Nederlandse Kaapkolonie Ampstermyn 1 Junie 1691 – 11 Februarie 1699[1] | | Voorafgegaan deur | Homself (as kommandeur) | ---|---| Opgevolg deur | Willem Adriaan van der Stel | 11de Kommandeur van die Nederlandse Kaapkolonie Ampstermyn 12 Oktober 1679 – 31 Mei 1691[1][2] | | Voorafgegaan deur | Hendrik Crudop | Opgevolg deur | Homself (as goewerneur) | Persoonlike besonderhede Gebore | 14 Oktober 1639 Mauritius | Sterf | 24 Junie 1712 (op 72) Kaapstad | Eggenoot/eggenote | Johanna Jacoba Six | Kind(ers) | 6, onder ander Willem Adriaan van der Stel | Religie | Nederduits Gereformeerde Kerkfamilie | Ouers[wysig | wysig bron] Simon van der Stel is ter see op 14 Oktober 1639 op die skip Cappel naby die kus van Mauritius gebore. Sy vader, Adriaen van der Stel, is aangestel as Kommandeur van Mauritius, en was met sy vrou op pad om sy amp op te neem. Adriaen van der Stel was 'n gesiene amptenaar van die VOC wat met en Maria Lievens, deels van Maleise afkoms, getroud was. Adriaen van der Stel is 'n paar jaar later na Ceylon oorgeplaas waar hy in 1646 deur vyandige inboorlinge vermoor is. Sy moeder is ook in 1649 oorlede.[3] Familie[wysig | wysig bron] Simon Van der Stel het in Amsterdam skool gegaan waar hy ook met Johanna Jacoba Six getroud is.[4] Van der Stel en Six het saam ses kinders gehad, maar dit was nie 'n gelukkige huwelik gewees nie en sy sou hom later nie vergesel na die Kaap toe nie. Haar suster, Cornelia, het wel saam gegaan.[3] Sy vier seuns was Lodewyk van der Stel, Willem Adriaan van der Stel, Francois van der Stel en Hendrik van der Stel.[5] Hoewel hy nie in diens was van die VOC nie, is Van der Stel in 1679 deur die Here XVII as kommandeur van die Kaap aangestel. Hy is as Kommandeur en nie as Goewerneur aangestel nie omdat die aanstelling buite oorlogstyd plaasgevind het.[3] Simon was 'n klein, donker man, baie energiek en buitengewoon bekwaam. Met sy skerpsinnigheid, gesonde oordeel en sterk vaderlandsliefde was hy voortdurend besig om die Kaap in die gees van die Nederlandse tradisies te ontwikkel. Hy was verantwoordelik vir die versnelde uitbreiding van die kolonie en die verbetering van die landbou. Belangrike bestuursveranderinge is teweeggebring en nuwe slaweregulasies het die lewenstoestande van die deel van die bevolking grootliks verbeter. Sy belangstelling in die Kaap het dié van al sy voorgangers oortref. Dit het uiting gevind in die stigting van Stellenbosch (wat ook na hom vernoem is) in 1680, in die opening van die distrik Drakenstein in 1684, die prospektering vir koper in Namakwaland in 1685, die daadwerklike hulp wat hy aan die Hugenote gegee het ná hulle aankoms aan die Kaap in 1688 en in sy aanmoediging van boomplanting. Die V.O.C. het hom tot goewerneur bevorder in 1691 uit waardering vir sy werk. Van der Stel het in 1699 op sy wynlandgoed Constantia Suid van Kaapstad afgetree toe hy die goewerneurskap aan sy seun Willem Adriaan van der Stel afgestaan het. Hy het daar gesterf op 24 Junie 1712. Herdenking[wysig | wysig bron] Die Laerskool Simon van der Stel in Wynberg herdenk jaarliks sy geboortedag met 'n muntlegging ten bate van Die Burger se Kersfonds. In die dorp wat sy naam dra, Stellenbosch, is sy verjaardag jaarliks feestelik herdenk met 'n optog deur die strate, feesviering op die Braak ('n grasplein in die middel van die dorp), en papegaaiskiet met 'n voorlaaier op Papegaaiberg, waar skyf geskiet is na 'n hout papegaai. Sien ook[wysig | wysig bron] Bronnelys[wysig | wysig bron] - Rosenthal, Eric, Encyclopedia of Southern Africa, Juta and Company Limited, Kaapstad, 1978. - KENNIS, vol 8, 1980, bl. 1474-1475, ISBN 0 7981 0830 4 Verwysings[wysig | wysig bron] - TANAP Inleiding tot die Resolusies van die Politieke Raad van die Kaap die Goeie Hoop, besoek op 1 Mei 2007 - South African Stamouers, Kommandeurs / Goewerneurs van die Kaap die Goeie Hoop 1652–1795, besoek op 1 Mei 2007 - Van der Stel website, Simon van der Stel 1639–1712, besoek op 1 Mei 2007 - The Baldwin Project THE HOUSE OF VAN DER STEL - Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967 Eksterne skakels[wysig | wysig bron] Wikimedia Commons bevat media in verband met Simon van der Stel. | Voorafgegaan deur Homself (as kommandeur) | Goewerneur van die Kaap de Goede Hoop 1 Junie 1691 – 11 Februarie 1699 | Opgevolg deur Willem Adriaan van der Stel | Voorafgegaan deur Hendrik Crudop | Kommandeur van die Kaap de Goede Hoop 12 Oktober 1679 – 31 Mei 1691 | Opgevolg deur Homself (as goewerneur) |
<urn:uuid:d575781f-f74c-4ee2-8ee5-a9f996d2f123>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Simon_van_der_Stel
2019-07-17T10:53:13Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525136.58/warc/CC-MAIN-20190717101524-20190717123524-00079.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999981
false
Ioniserende straling Hierdie artikel bevat nie ’n bronnelys nie, wat beteken dat die inhoud nie geverifieer kan word nie. Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne aan die artikel by te voeg. | Ioniserende straling is 'n tipe energie wat deur radioaktiewe atome afgegee word. Ioniserende straling bevat genoeg energie om atome te ioniseer, dit wil sê, dit het genoeg energie om elektrone te verwyder uit die atome in die materiale wat dit binnedring. Ioniserende straling se vermoë om te ioniseer maak dit potensieel skadelik vir lewe. Ionisasie veroorsaak dat chemiese bindings opbreek. Wanneer chemiese bindings opbreek, kan ander nuwe verbindings vorm. Sekere nuwe chemiese stowwe wat op hierdie manier gevorm word, kan skadelik wees. Ioniserende straling kan die menslike liggaam dus in gevaar stel deurdat dit chemiese bindings in die liggaam kan verander. Ioniserende straling is egter moeilik om op te spoor omdat dit nie deur mense gevoel, geruik, geproe, gesien of gehoor kan word nie. Die vernaamste tipes ioniserende straling is alfadeeltjies, betadeeltjies, gammastrale, snelneutrone en X-strale.
<urn:uuid:1475d883-a955-403c-b008-3a7ee4f1af3c>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Ioniserende_straling
2019-07-18T15:55:31Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525659.27/warc/CC-MAIN-20190718145614-20190718171614-00239.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999999
false
geplaas Jump to navigation Jump to search Tydvorm | Persoon | Woordvorm | ---|---|---| Teenwoordige Tyd | ek | plaas | Verlede Tyd | ek | het geplaas | - Verlede deelwoord van plaas; op 'n plek neergesit het; agterlaat het. - Hy het die nuwe rekenaar op sy lessenaar geplaas. Vertalings: geplaas | ||| ---|---|---|---|
<urn:uuid:3461b5ec-8ab3-4f85-9631-a36e68baf4d2>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wiktionary.org/wiki/geplaas
2019-07-22T10:39:02Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527907.70/warc/CC-MAIN-20190722092824-20190722114824-00159.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999939
false
kuni Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek. Jump to navigation Jump to search Goties (got) ☞ 𐌺𐌿𐌽𐌹 Ontsluit van " https://af.wiktionary.org/w/index.php?title=kuni&oldid=191662 " Kategorie : Woorde in Goties Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Onlangse wysigings Lukrake woord Lukrake Afr. woord Woord begin met... Kategorieë Inligting Geselshoekie Huidige gebeure Hulp Skenkings Druk/eksporteer Skep boek Laai af as PDF Drukbare weergawe Gereedskap Skakels hierheen Verwante veranderings Laai lêer Spesiale bladsye Permanente skakel Bladinligting Haal dié blad aan Ander tale ᏣᎳᎩ English Eesti Suomi Ido ಕನ್ನಡ Malagasy Polski Português Русский Srpskohrvatski / српскохрватски Kiswahili Oʻzbekcha/ўзбекча Die bladsy is laas op 17 Februarie 2018 om 08:06 bygewerk. Die teks is beskikbaar onder die lisensie Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel . Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting. Privaatheidsbeleid Inligting oor Wiktionary Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:db281d28-39cb-4422-8930-43fe45a1630d>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wiktionary.org/wiki/kuni
2019-07-22T10:18:31Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527907.70/warc/CC-MAIN-20190722092824-20190722114824-00159.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998585
false
Doris Lessing Doris Lessing is as dogter van 'n Britse koloniale offisier in diens van die Bank van Persië en sy vrou, 'n Engelse verpleegster, in Iran gebore en het later met haar ouers na die destydse Britse kolonie Suid-Rhodesië (tans Zimbabwe) verhuis. In 1939 het sy met haar eerste eggenoot, Frank Charles Wisdom, getrou. Uit dié huwelik is twee kinders gebore. In 1943 is die egpaar van mekaar geskei. Twee jaar later het Doris Lessing met die Duitse kommunis Gottfried Lessing in die huwelik getree by wie sy 'n seun, Peter, gehad het. Nadat ook hierdie huwelik geskei is, het Lessing haar met haar seun in Engeland gevestig. Lessing het felle kritiek op die amptelike rassebeleid in Suid-Rhodesië en Suid-Afrika gelewer en is in 1956 in albei lande verban. Haar literêre werk strek oor 'n verskeidenheid genres, waaronder haar halfbiografiese ervarings in die politieke en sosiale stryd in Afrika, psigologiese rillers en wetenskapsfiksie. Haar bekendste romans sluit The Grass Is Singing (1950), 'n reeks van vyf romans wat as Children of Violence (1952-1969) gepubliseer is, The Golden Notebook (1962), The Good Terrorist (1985), en die wetenskapsfiksiereeks Canopus in Argos: Archives (vyf romans, 1979-1983) in. Alhoewel The Golden Notebook as een van die 20ste eeuse sleutelromans oor die verhouding tussen mans en vroue beskou word, het Lessing haar as skryweres van die vrouebeweging gedistansieer. In 2007 is die Nobelprys vir Letterkunde aan Doris Lessing toegeken.[1] Die Sweedse Akademie het haar beskryf as 'n "epiese skrywer van die vroulike ervaring wat 'n verdeelde beskawing met skeptisisme, vurigheid en visionêre sterkte noukeurig ondersoek het". Lessing was die elfde vrou en die oudste persoon wat ooit die Nobelprys vir Letterkunde ontvang het. In 2001 is Lessing vir haar lewenswerk in die Britse letterkunde met die David Cohen-prys vereer. Die Britse dagblad The Times het haar op 'n lys van die "50 grootste Britse skrywers sedert 1945" vyfde geranglys. Lys van werke[wysig | wysig bron] Verwysings[wysig | wysig bron] - ( ) "The Nobel Prize in Literature 2007". Nobelprize.org. Besoek op 7 Oktober 2017. Eksterne skakels[wysig | wysig bron] Wikimedia Commons bevat media in verband met Doris Lessing. |
<urn:uuid:29182dc1-ab1b-4d04-9074-aaa98c6f94f9>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Doris_Lessing
2019-07-19T20:52:10Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526359.16/warc/CC-MAIN-20190719202605-20190719224605-00423.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999971
false
Hulp Kategorie:Tale van Kirgisië in Wikipedia, die vrye ensiklopedie Jump to navigation Jump to search Wikimedia Commons bevat media in verband met Languages of Kyrgyzstan . Bladsye in kategorie "Tale van Kirgisië" Die volgende 6 bladsye is in hierdie kategorie, uit 'n totaal van 6. E Erzja K Kirgisies Krim-Tataars O Oesbekies R Russies T Tadjiks Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Kategorie:Tale_van_Kirgisië&oldid=1897061 " Kategorieë : Demografie van Kirgisië Tale van Asië Tale volgens lande Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Kategorie Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Ander projekte Wikimedia Commons Druk/eksporteer Skep boek Laai af as PDF Drukbare weergawe Gereedskap Skakels hierheen Verwante veranderings Spesiale bladsye Permanente skakel Bladinligting Wikidata-item Ander tale العربية Asturianu Azərbaycanca Беларуская (тарашкевіца) Български Brezhoneg کوردی Čeština Dansk Ελληνικά English Esperanto Español Euskara فارسی Suomi Français Frysk Galego Gaelg हिन्दी Fiji Hindi Hrvatski Bahasa Indonesia Italiano 日本語 ქართული 한국어 Latina Latviešu Македонски മലയാളം Bahasa Melayu Nederlands Norsk nynorsk Norsk Occitan Ирон Polski پنجابی Português Русский Scots Slovenčina Slovenščina Svenska Kiswahili ไทย Türkçe Українська اردو Tiếng Việt 中文 Wysig skakels Die bladsy is laas op 25 Januarie 2019 om 22:45 bygewerk. Die teks is beskikbaar onder die lisensie Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel . Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting. Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:3d9a3eb7-d110-4738-be99-bbae001fe301>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Tale_van_Kirgisi%C3%AB
2019-07-19T21:37:32Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526359.16/warc/CC-MAIN-20190719202605-20190719224605-00423.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.991797
false
Europese rooistert Die Europese rooistert (Phoenicurus phoenicurus) is 'n voël en 'n Palearkties-broeiende somerswerwer in halfdorre savanne en boomveld en is nog net twee keer opgeteken in Suid-Afrika. Die voël is 13 – 14 cm groot en weeg 11 - 22 gram. In Engels staan die voël bekend as die Common Redstart. Europese rooistert | |||||||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Mannetjie | |||||||||||||||| Bewaringstatus | |||||||||||||||| Wetenskaplike klassifikasie | |||||||||||||||| Binomiale naam | |||||||||||||||| Phoenicurus phoenicurus (Linnaeus, 1758) | |||||||||||||||| Subspesies | |||||||||||||||| Inhoud FotogaleryWysig Sien ookWysig Wikimedia Commons bevat media in verband met Phoenicurus phoenicurus. | BronWysig VerwysingsWysig - BirdLife International (2012). "Phoenicurus phoenicurus". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.
<urn:uuid:37588a0f-e5ee-4254-b33e-807693fbda47>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Europese_rooistert
2019-07-21T05:20:01Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526888.75/warc/CC-MAIN-20190721040545-20190721062545-00023.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.977985
false