text
string
id
string
dump
string
url
string
date
string
file_path
string
license_abbr
string
license_version
string
license_location
string
license_in_head
bool
license_in_footer
bool
potential_licenses
dict
license_parse_error
bool
license_disagreement
bool
language_script
string
language
string
language_score
float64
found_in_fw
bool
Bespreking:Haifa Jump to navigation Jump to search Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Haifa-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. | Artikelriglyne Daaglikse bladtrekke | |
<urn:uuid:a17ef12c-964f-4019-9f6b-67e1288c259f>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Haifa
2019-07-23T11:23:11Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529276.65/warc/CC-MAIN-20190723105707-20190723131707-00383.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99999
false
NG gemeente Pinetown Inhoud Stigting[wysig | wysig bron] Met die snelle uitbreiding van die NG Kerk in die destydse Natal – veral deur die vinnige aanwas van Afrikaners in Durban – is die behoefte aan kleiner gemeentes al gou gevoel. So het ook die westelike gedeelte van die stad sy eie gemeente afgestig, naamlik Durban-Wes. Dit het 'n baie groot uitgestrekte gebied beslaan, maar was nie te dig bevolk nie. Met die groei van die voorstede van Durban het die gemeentes mettertyd groter en groter geword. Gevolglik is daar op 20 September 1946 deur die Ringskommissie van Pietermaritzburg 'n stigtingsvergadering gehou in die kerksaal in Marianhillweg, Pinetown. Die destydse Ringskommissie het uit di. C.W.I. Pistorius, H.C.J. Flemming en C. Nel (scriba) bestaan. Daardie aand is die gemeente Pinetown met 380 lidmate gestig. Eerste leraars[wysig | wysig bron] Aanvanklik het die gemeente gesukkel om te bestaan, aangesien dit tien maande vakant was. In Augustus 1947 ontvang die jong gemeente plegtig sy eerste herder en leraar in die persoon van ds. N.J.S. van der Merwe van Simonstad. Volgens argiefstukke het hy nie ‘n maklike taak in die gemeente gehad nie, want hy moes op ‘n Sondag vyf eredienste waarneem. Hy het soggens begin by Malvern om 09:00, en daarna Pinetown om 10:15, Escombe om 11:15, Hillcrest 15:00 en weer saans om 19:30 by Pinetown. Nadat hy byna twee jaar gearbei het, aanvaar hy 'n beroep na die gemeente Oudtshoorn. Nadat die gemeente ses maande vakant was, ontvang hulle hul tweede leraar in die persoon van prop. J.G. Odendaal en wel op 18 Maart 1950. Die gemeente het toe nog die saal in Marianhillweg as plek van aanbidding gebruik. In 1952 kon Ons gemeentelike feesalbum berig: "Die gemeente is stadig maar geleidelik besig om sy plek as selfstandige gemeente in Natal vol te staan." Die huidige kerkgebou se hoeksteen is gelê deur ds. J.G. Odendaal met die kerk se inwyding op 29 November 1958. Dit is ontwerp deur die firma Geers, Koelewyn & Moors en die bouaannemer was Dirker Brs. (Edms.) Bpk. Latere ontwikkelinge[wysig | wysig bron] Pinetown is die moeder van drie dogtergemeentes, wat almal tans (2015) nog bestaan. Escombe het eerste aan die beurt gekom toe hulle op 27 September 1974 van Pinetown afstig met 'n ledetal van 368. In 2015 het dié dogtergemeente 220 belydende lidmate gehad. Ds. Tiaan Jordaan, Pinetown se leraar van 1973 af, het in 1974 die beroep na Escombe aanvaar en dié gemeente se eerste predikant geword. Hy het sy emeritaat in 2010 aanvaar, maar die gemeente aanhou bly bedien. Net sewe maande ná Escombe se afstigting, op 30 April 1975, stig Westville af met as eerste predikant ds. N.F. Wilson, voorheen van die moedergemeente. Hy is op 14 Desember 1980 skielik in die amp oorlede. In 1973, voor enige afstigtings, het Pinetown 1 644 belydende lidmate gehad. In 2015 was Pinetown en haar drie dogtergemeentes se gesamentlike getal belydende lidmate 106 minder, naamlik 1 538, vergeleke met 'n totaal van 2 454 in 1985. Begin 2013 het die gemeente deeglike herstelwerk aan die kerkgebou laat doen en het hulle tydelik kerk gehou in die saal. In die naweek van 7 tot 9 Junie 2013 is die kerk opnuut in gebruik geneem. Die Vrydagaand het die lidmate na tuisgemaakte rolprente gekyk oor die spit van die eerste sooi en die vordering van die destydse bouwerk. Predikante[wysig | wysig bron] - Nicolaas Johannes Stephanus van der Merwe, Augustus 1947 - 1949 - Johannes Gerhardus Odendaal, 18 Maart 1950 - 1960 - Dirk Petrus Myburgh, 1960 - 1962 - Christoffel Colyn, 1962 - 1969 - Abraham Marthinus van Wyk, 1967 - 1972 - Albertus Driescher, 1969 - 1974 - Christiaan Johannes (Tiaan) Jordaan, 1973 - 1974 (waarna eerste leraar van dogtergemeente Escombe tot hy sy emeritaat aanvaar in 2010; daarna as emeritus-leraar) - Nathan Frans Wilson, 1973 - 1975 (waarna van 25 Mei 1975 eerste leraar van dogtergemeente Westville; sterf in amp op 14 Desember 1980) - Abraham van Zyl, 1975 - 1979 - Marthinus le Roux, 1976 - 1981 - Leon Dennis le Roux, 1979 - 31 Desember 2002 (aanvaar sy emeritaat; oorlede op 11 Desember 2004) - John Bernard Mostert, 1982 - 1984 (waarna van 11 Maart 1984 dogtergemeente Krantzkloof se eerste leraar) - Mattheus Lourens (Theo) Human, 1982 - hede (sy enigste gemeente) NG gemeentes in Durban[wysig | wysig bron] In 1960 het die Ring van Durban bestaan uit 13 gemeentes met 8 322 belydende lidmate, maar die gemeente Weza-Port Shepstone het later 'n afsonderlike ring geword sodat die 12 oorblywende gemeentes 7 698 belydende lidmate gehad het. In 1985 was daar twee Durbanse ringe, te wete Durban en Durban-Suid. In die gesamentlike getal van 20 gemeentes was daar toe 12 464 belydende lidmate. In 2000 het daar 19 gemeentes oorgebly met 10 241 belydende lidmate, maar die getal gemeentes het teen 2015 afgeneem tot 14 en die belydende lidmate tot 6 600. Naam | Stigtingsdatum | Status | Bel. lidm. 1960 | Bel. lidm. 1972 | Bel. lidm. 1985 | Bel. lidm. 2000 | Bel. lidm. 2015 | Bel. lidm. 2016 | ---|---|---|---|---|---|---|---|---| Durban | 1913 | Bestaan nog | 632 | 1 117 | 667 | 208 | 35 | 30 | Noordkus | 1940 | Bestaan nog | 500 | 709 | 500 | 480 | 342 | 352 | Port Natal | 1945 | Bestaan nog | 1 100 | 1 126 | 434 | 326 | 125 | 146 | Berea | 1945 | Bestaan nog | 790 | 1 038 | 470 | 287 | 68 | 73 | Pinetown | 1946 | Bestaan nog | 651 | 1 422 | 971 | 823 | 327 | 407 | Durban-Noord | 1958 | Ingelyf by Umhlanga 2006 | 415 | 648 | 501 | 410 | – | – | Glenwood | 1961 | Ingelyf by Port Natal 1992 | – | 489 | 415 | – | – | – | Escombe | 1974 | Bestaan nog | – | – | 670 | 507 | 220 | 200 | Westville | 1975 | Bestaan nog | – | – | 498 | 537 | 331 | 352 | Durban Reformed | 1977 | Ontbind 2004 | – | – | 76 | 46 | – | – | Krantzkloof | 1984 | Bestaan nog | – | – | 315 | 258 | 660 | 679 | Umhlanga | 1978 | Bestaan nog | – | – | 332 | 565 | 735 | 561 | Durban-Suid | 1941 | Saamgesmelt met Montclair as Durban-Oos 2005 | 600 | 1 132 | 884 | 643 | – | – | Durban-Wes | 1941 | Bestaan nog | 767 | 797 | 648 | 458 | 1 069 | 999 | Fynnland | 1955 | Bestaan nog | 793 | 1 284 | 1 033 | 680 | 372 | 331 | Hillary | 1956 | Saamgesmelt met Malvern, Durban-Wes 2011 | 660 | 530 | 566 | 405 | – | – | Malvern | 1970 | Saamgesmelt met Hillary, Durban-Wes 2011 | – | 460 | 1 003 | 827 | – | – | Montclair | 1951 | Saamgesmelt met Durban-Suid as Durban-Oos 2005 | 450 | 1 050 | 820 | 503 | – | – | Scottburgh | 1978 | Bestaan nog | – | – | 325 | 653 | 584 | 409 | Suidkus | 1958 | Bestaan nog | 340 | 776 | 1 336 | 1 625 | 1 400 | 1 532 | Durban-Oos | 2005 | Bestaan nog | – | – | – | – | 332 | 334 | Totaal | 7 698 | 12 578 | 12 464 | 10 241 | 6 600 | 6 405 | Bronne[wysig | wysig bron] - Olivier, ds. P.L. (samesteller), 1952. Ons gemeentelike feesalbum. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers. - Gemeentebesonderhede op die webtuiste van die NG Kerk in KwaZulu-Natal. URL besoek op 21 Julie 2015. Eksterne skakels[wysig | wysig bron] - Die gemeente se webtuiste. URL besoek op 21 Julie 2015. - Die kerkgebou soos te sien op die webtuiste van die NG Kerk in KwaZulu-Natal. URl besoek op 21 Julie 2015. - Die kerkgebou op die hoek van Bamboo- en St. Johnlaan, Pinetown, soos te sien op Google Maps. URL besoek op 21 Julie 2015. - Besonderhede van die gemeente op die webtuiste van die NG Kerk in KwaZulu-Natal. URL besoek op 21 Julie 2015.
<urn:uuid:e34d8aac-79b6-47f5-a870-c580fc10f70d>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/NG_gemeente_Pinetown
2019-07-23T11:32:01Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529276.65/warc/CC-MAIN-20190723105707-20190723131707-00383.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999871
false
Hulp Bladsye wat na "Google Maps" skakel ← Google Maps Jump to navigation Jump to search Skakels hierheen Bladsy: Naamruimte: alle (Hoof) Bespreking Gebruiker Gebruikerbespreking Wikipedia Wikipediabespreking Lêer Lêerbespreking MediaWiki MediaWikibespreking Sjabloon Sjabloonbespreking Hulp Hulpbespreking Kategorie Kategoriebespreking Portaal Portaalbespreking Module Module talk Gadget Gadget talk Gadget definition Gadget definition talk Omgekeerde seleksie Filters Versteek insluitings | Versteek skakels | Versteek aansture Die volgende bladsye skakel na Google Maps : Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). Wikimapia ( ← skakels wysig ) Wikipedia:WikiProject Check Wikipedia ( ← skakels wysig ) NG gemeente Crosby-Wes ( ← skakels wysig ) Google Kaarte (aanstuurblad) ( ← skakels wysig ) IWeb ( ← skakels wysig ) Google Local (aanstuurblad) ( ← skakels wysig ) Gereformeerde kerk Bloemfontein-Suid ( ← skakels wysig ) Satellietfoto ( ← skakels wysig ) Taukkyan ( ← skakels wysig ) Jagersfonteinmyn ( ← skakels wysig ) Bespreking:Google Maps ( ← skakels wysig ) Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Google_Maps " Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Gereedskap Spesiale bladsye Drukbare weergawe Ander tale Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:11b7d0e6-def0-4f07-bae3-cef5aa8cfd31>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Google_Maps
2019-07-23T11:24:00Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529276.65/warc/CC-MAIN-20190723105707-20190723131707-00383.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.996956
false
Hulp Bladsye wat na "Sjabloon:Lua/doc" skakel ← Sjabloon:Lua/doc Jump to navigation Jump to search Skakels hierheen Bladsy: Naamruimte: alle (Hoof) Bespreking Gebruiker Gebruikerbespreking Wikipedia Wikipediabespreking Lêer Lêerbespreking MediaWiki MediaWikibespreking Sjabloon Sjabloonbespreking Hulp Hulpbespreking Kategorie Kategoriebespreking Portaal Portaalbespreking Module Module talk Gadget Gadget talk Gadget definition Gadget definition talk Omgekeerde seleksie Filters Versteek insluitings | Versteek skakels | Versteek aansture Die volgende bladsye skakel na Sjabloon:Lua/doc : Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). Sjabloon:Lua (insluiting) ( ← skakels wysig ) Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Sjabloon:Lua/doc " Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Sjabloon Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Gereedskap Spesiale bladsye Drukbare weergawe Ander tale Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:70e0b76a-a989-4b06-93c2-97ee8524944a>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Sjabloon:Lua/doc
2019-07-23T11:25:13Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529276.65/warc/CC-MAIN-20190723105707-20190723131707-00383.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99084
false
Sjabloonbespreking:Inligtingskas Planeet Gebruiksaanwysings[wysig bron] As iemand problem met hierdie sjabloon ervaar, laat my asb. weet op my gebruikersblad of laat 'n boodskap hier. Waar ek nie die korrekte afr. term vir iets geken het nie, het ek dit met (engels) gemerk. Laat asb. hierdie afdelings skoon (delete die engels voor jy op stoor bladsy kliek). "Yes" is die waarde wat sekere afdelings laat toon. As jy nie daardie afdeling in jou table wil hê nie, vee die "yes" uit, sodat daar niks staan nie. Dit geld ook vir enige ander beskrywings - 'n leë, oningevulde lyntjie sal nie in die finale tabel wys nie. As jy die korrekte afr. term vir een van die engelses ken, voel vry om dit te verander, as jy nie weet hoe nie, laat 'n boodskap hier en ek sal dit doen. Anrie 19:55, 6 Maart 2007 (UTC) - Vir die een of ander rede moet mens "minor_planet = yes" insluit, anders wys die "fisiese eienskappe" opskrif nie. Anrie 13:26, 8 Julie 2007 (UTC) Leë Sjabloonteks[wysig bron] {{Planeet | bgcolour = #FFCC66 | width= | name = | symbol = | image = | caption = | discovery = yes | discovery_ref = | discoverer = | discovered = vandag | discovery_method = | mp_name = | alt_names = | mp_category = | orbit_ref = | epoch = | aphelion = | perihelion = | perigee = | apogee = | periapsis = | apoapsis = | semimajor = | semiminor = | mean_orbit_radius = | orbital_circ = | eccentricity = | period = | sidereal_period = | synodic_period = | sidereal_month = | synodic_month = | anomalistic_month = | draconic_month = | tropical_month = | avg_speed = | max_speed = | min_speed = | mean_anomaly = (engels) | inclination = (engels) | asc_node = (engels) | long_periastron = (engels) | time_periastron = (engels) | arg_perihelion = (engels) | arg_perigee = (engels) | satellite_of = | satellites = | physical_characteristics = yes | minorplanet = yes | dimensions = | aspect_ratio = (engels) | oblateness = (engels) | ellipticity = (engels) | equatorial_radius = | polar_radius = | mean_radius = | equatorial_circ = | meridional_circ = | mean_circ = | surface_area = | land_area = | water_area = | volume = | mass = | density = | surface_grav = | escape_velocity = | sidereal_day = | rot_velocity = | axial_tilt = | obliquity = (engels) | right_asc_north_pole = (engels) | declination = (engels) | pole_ecliptic_lat = (engels) | pole_ecliptic_lon = (engels) | albedo = (engels) | single_temperature = | temperatures = yes | temp_name1 = | min_temp_1 = | mean_temp_1 = | max_temp_1 = | temp_name2 = | min_temp_2 = | mean_temp_2 = | max_temp_2 = | spectral_type = (engels) | magnitude = (engels) | abs_magnitude = (engels) | angular_size = (engels) | adjectives = (engels) | atmosphere = yes | surface_pressure = | atmosphere_density = | atmosphere_composition = }}
<urn:uuid:63cb909e-a902-44cc-aaee-e624289e52b3>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Sjabloonbespreking:Inligtingskas_Planeet
2019-07-17T07:12:07Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525094.53/warc/CC-MAIN-20190717061451-20190717083451-00167.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.724509
false
Droëwors Droëwors is 'n eg Suid-Afrikaanse peuselkos wat op die tradisionele koljander-gekruide boerewors gebaseer is.[1] Dit word gewoonlik van dunner wors, eerder as die dikker soort gemaak, omrede die dunner wors vinniger droog word en dus nie so maklik bederf voordat dit gepreserveer word nie. Dikker droëwors word gewoonlik plat gedruk sodat dit 'n groter oppervlakte het om makliker uit te droog. Die resep vir droëwors is soortgelyk aan die van boerewors, alhoewel vark- en kalfsvleis gewoonlik met beesvleis vervang word, omdat die vet van eersgenoemde kan bederf as dit gedroog word. Skaapderms vervang die varkderms wat in boerewors gebruik word. Ná die drogingsproses kan die droëwors in onverkoelde areas gestoor word.[2] Droëwors is ongewoon onder ander gedroogde vleise omdat dit vinnig in warm, droë toestande gedroog word in teenstelling met tradisionele Italiaanse ingelegde salami, wat stadig in relatief koue en vogtige toestande gedroog word. 'n Verdere verskil is dat droëwors nie ingelegmiddels, soos in tradisionele ingelegde wors, bevat nie. 'n Direkte gevolg hiervan is dat droëwors nie in vogtige toestande geberg kan word nie, omrede dit maklik muf. Sien ook[wysig | wysig bron] Eksterne skakels[wysig | wysig bron] Verwysings[wysig | wysig bron] - Garbee, Jenn (7 Januarie 2009). "Beverly Hills meat shop specializes in worldly tastes". The Los Angeles Times. - (2008) “Death of Salmonella serovars, Escherichia coli O157: H7, Staphylococcus aureus and Listeria”. Journal of Food Safety 28 (2): 198–209. doi:10.1111/j.1745-4565.2008.00114.x.
<urn:uuid:d7324841-5484-4008-8035-ef53b8f7b6e3>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Dro%C3%ABwors
2019-07-18T11:57:45Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525627.38/warc/CC-MAIN-20190718104512-20190718130512-00327.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999775
false
Bespreking:Hemelpool Jump to navigation Jump to search Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Hemelpool-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. | Artikelriglyne Daaglikse bladtrekke | |
<urn:uuid:ee8085c0-938e-416e-a494-1e12bea8b54c>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Hemelpool
2019-07-19T16:36:51Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526324.57/warc/CC-MAIN-20190719161034-20190719183034-00487.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999976
false
Sjabloon:MEK in Wikipedia, die vrye ensiklopedie Jump to navigation Jump to search Meksiko Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Sjabloon:MEK&oldid=980376 " Kategorie : Vlagsjablone Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Sjabloon Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Ander projekte Wikimedia Commons Print/export Download as PDF Gereedskap Skakels hierheen Verwante veranderings Spesiale bladsye Permanente skakel Bladinligting Wikidata-item Ander tale Alemannisch العربية مصرى Asturianu Azərbaycanca تۆرکجه Boarisch Беларуская (тарашкевіца) Български বাংলা Brezhoneg Català Нохчийн کوردی Dansk Deutsch Ελληνικά English Esperanto فارسی Suomi Føroyskt Français Nordfriisk Galego Magyar Հայերեն Interlingua Bahasa Indonesia Ilokano Ido Íslenska Italiano 日本語 한국어 Latina Ladino Lëtzebuergesch Latviešu Монгол Bahasa Melayu မြန်မာဘာသာ Nāhuatl Napulitano Nederlands Norsk nynorsk Occitan Papiamentu Português Runa Simi Română Tarandíne Русский Sardu Sicilianu Scots سنڌي Simple English Slovenčina Slovenščina Svenska தமிழ் ไทย Türkçe Українська Vèneto Vepsän kel’ Tiếng Việt West-Vlams Volapük Wolof 吴语 中文 粵語 Wysig skakels Die bladsy is laas op 2 Julie 2012 om 18:24 bygewerk. Die teks is beskikbaar onder die lisensie Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel . Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting. Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:908c8a84-9b97-4136-9b6d-2a07bea58a98>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Sjabloon:MEK
2019-07-19T16:42:42Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526324.57/warc/CC-MAIN-20190719161034-20190719183034-00487.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.950354
false
Anchiornis Anchiornis Tydperk: Laat Jura 161–160.5 m. jaar gelede | |||||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| ’n Voorstelling van ’n Anchiornis. | |||||||||||||| Wetenskaplike klassifikasie | |||||||||||||| Binomiale naam | |||||||||||||| †Anchiornis huxleyi (Xu et al., 2009) | Anchiornis | |||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Kladistiese klassifikasie | |||||||||| Anchiornis was ’n genus klein, geveerde dinosourusse. Dit bestaan net uit die tipe-spesie, Anchiornis huxleyi, en is genoem na Thomas Henry Huxley, ’n vroeë voorstander van biologiese evolusie en die eerste persoon wat voorgestel het daar is ’n nabye evolusionêre verwantskap tussen voëls en dinosourusse. Die naam Anchiornis beteken "amper-voël", en die naamgewers beskou die genus as ’n belangrike oorgang tussen voëls en dinosourusse.[1] Vanweë die uitstekend bewaarde fossiele van Anchiornis huxleyi, was dit die eerste dinosourusspesie waarvan byna al die kleure vasgestel kon word.[4] Beskrywing[wysig | wysig bron] Anchiornis huxleyi was ’n klein dier met ’n driehoekige skedel en baie lang bene, wat daarop dui dat hy vinnig kon hardloop. Die eerste fossiel wat gevind is, het net onduidelike tekens van vere getoon, maar die tweede fossiel was baie goed bewaar en feitlik al sy vere het behoue gebly. Die dier het groot vlerke gehad met vere aan die voor- sowel as agterpote. Die pote, met uitsondering van die kloue, was heeltemal bedek met vere.[2] In 2010 het ’n span wetenskaplikes ’n uiters goed bewaarde fossiel gebruik om die pigmentselle te bestudeer. Deur dit met moderne voëls s’n te vergelyk, kon hulle die spesifieke kleure en patrone van die Anchiornis vasstel. Net die stert van dié fossiel het nie behoue gebly nie.[4] Die grootste deel van die Anchiornis was grys en swart. Die kroon van die kopvere was rooibruin met ’n grys basis, en die gesig het rooibruin kolletjies op ’n swart agtergrond gehad. Die vlerkvere was wit met swart punte. Die korter vere was grys.[4] Verwysings[wysig | wysig bron] - (2009) “A new feathered maniraptoran dinosaur fossil that fills a morphological gap in avian origin”. Chinese Science Bulletin 54 (3): 430–435. doi:10.1007/s11434-009-0009-6. - (2009) “A pre-Archaeopteryx troodontid theropod from China with long feathers on the metatarsus”. Nature 461 (7264): 640–643. doi:10.1038/nature08322. - (2012) “Timing of the earliest known feathered dinosaurs and transitional pterosaurs older than the Jehol Biota”. Palaeogeography, Palaeoclimatology, Palaeoecology 323–325: 1–12. doi:10.1016/j.palaeo.2012.01.017. - (2010) “Plumage color patterns of an extinct dinosaur”. Science 327 (5971): 1369–1372. doi:10.1126/science.1186290. Eksterne skakels[wysig | wysig bron] - Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Anchiornis. - ’n Voorstelling van Anchiornis huxleyi deur die kunstenaar Julius T. Csotonyi - Voorstelling met kleure soos beskryf deur Li et al., National Geographic - Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
<urn:uuid:8a348939-8ac7-45d6-b240-aa3fe8be2000>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Anchiornis_huxleyi
2019-07-21T00:37:23Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526799.4/warc/CC-MAIN-20190720235054-20190721021054-00087.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998812
false
Gereformeerde kerk Humpata Die Gereformeerde kerk Humpata was die Gereformeerde Kerk se oudste gemeente in die destydse Portugees-Wes-Afrika (Angola) wat gestig is nadat lede van die Dorslandtrek, wat oorspronklik meestal uit Gereformeerdes bestaan het, hulle in die suidweste van die kolonie gaan vestig het. Dié wat nie tot die Gereformeerde Kerk behoort het nie, het hulle weldra by dié kerkverband aangesluit. Die gemeente Humpata is op 20 Desember 1881 gestig, maar in 1928 ontbind nadat die Uniale regering 350 van die net meer as 400 gesinne na Suidwes-Afrika gerepatrieer het ingevolge ’n skema wat £500 000 gekos het. Die meeste het hulle in die noorde van die gebied gevestig waar die Gereformeerde kerk Gobabis in 1930 as eerste Gereformeerde gemeente in Suidwes gestig is; Outjo en Aranos (tot 1938 bekend as Gibeon en tot 1959 as Omrah) het in dieselfde jaar aan die beurt gekom. Ná 1928 het net sowat 400 Afrikaners in Angola agtergebly. Vanaf 1958 is die meeste na Suidwes- en Suid-Afrika gerepatrieer sodat net enkeles in Angola agtergebly het. Met die uitbreek van die Burgeroorlog in 1975 het die laaste Afrikaners uit Angola gevlug.[1] Dit was die einde van die Angola-Boere se verbintenis met dié Wes-Afrikaland. Inhoud - 1 Die Dorslandtrek - 2 Aankoms in Angola - 3 Ooreenkoms met Portugese owerheid - 4 Trekkers se kerklike posisie - 5 Die gemeente Humpata gestig - 6 Ongeslaagde besoek deur di. Du Plessis en Venter - 7 Eerste poging tot repatriasie - 8 Beter geestelike bearbeiding - 9 Humpata se eerste predikant - 10 Ds. L.P. Vorster se besoek - 11 Ds. C.J.H. Vorster se bediening - 12 Kerkskeuring - 13 Repatriasie - 14 Teenstand teen repatriasie - 15 In Suidwes - 16 Predikante - 17 Bronne - 18 Verwysings - 19 Eksterne skakels Die Dorslandtrek[wysig | wysig bron] Omstreeks 1874/’75 het op staatkundige gebied in die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) ’n beroering gekom met die trekbewegings wat altyd meer en meer aandag begin geniet het. Die redes vir hierdie trekbewegings is moeilik om vas te stel, aangesien geen leidende figuur of instelling ’n manifes uitgereik het nie. Dit blyk die meeste trekkers het gekom uit die distrikte Rustenburg en Pretoria. Verskillende redes is genoem, byvoorbeeld die ongodsdienstigheid van die owerheid; die algehele vrymaking van die gekleurdes en ander onbestaanbare wette. Ds. Dirk Postma jr. gee die redes as volg weer in sy boek De trekboeren te St. Januario, Humpata, wat in 1896 verskyn het: “’n Mens sou kon vra wat hierdie burgers van die Zuid-Afrikaansche Republiek gedring het om noordwaarts te trek. En seker is dit belangrik om na die redes van die trek ondersoek in te stel en daarop ag te gee. Stellig dink ek dat die ou bekende trekgees – treklus – van die Afrikaner daarmee te doen gehad het; tog is daar nog baie ander redes op te noem. Veroorloof my om dit te doen in die woorde van ds. S.J. du Toit van die Paarl. In April van hierdie jaar het ek hom op ’n terugreis van Pretoria af op die trein ontmoet, en onder meer het ons oor die trekboere gepraat. “Terwyl ek geweet het dat ds. Du Toit destyds ’n reis deur die ZA Republiek gemaak het, het ek hom later geskrywe en gevra om sy opinie insake die redes wat aanleiding gegee het tot die trek, vir my op skrif te stel; en met sy verlof en my hartlike dank daarvoor laat ek dit nou hier volg soos hy dit gestel het: ‘Wat die trekboere na Humpata aangaan, het ek juis voor die uittog begin het, as proponent Transvaal deurreis en met baie van die persone gepraat; en sover ek my herinner, was die hoofredes deur hulle toe genoem, die onchristelike bestuur van wyle die arme oudpresident Burgers, wat toe op so ’n toppunt van glorie gestaan het, dat hulle gewanhoop het of hulle hom ooit sou kon ontsetel. Ek het van die mense letterlik hoor sê: “Die antichris is nou in die land, dus moet ons maar daaruit trek.” Ek het hulle met weemoed hoor vertel hoedat die president opsetlik, tot ’n grief vir die gelowiges, op Sondae dorpe en stede besoek het onder luidrugtige demonstrasies van sy geesgenote; hoe hy vrymesselaarslosies en danssale help stig het en daarin as voorman opgetree het, ens.” “‘Maar my eie oortuiging is: dat God ’n besonderse doel gehad het met die rampspoedige trek. Immers, juis kort voor die anneksasie het die treurige berigte gekom van die lyde van die trekkers. As dit nie gebeur het nie, dan sou ’n tien of twintig maal grotere trek die land uitgegaan het, moontlik onder aanvoering van manne soos president Kruger en generaal Joubert! En dan: 1 sou die ellende en die verlies van ons jong nasionaliteit des te groter gewees het, en 2 dan sou die wat agtergebly het, te swak en ontmoedig gewees het om hulle te ontworstel aan die juk wat hulle opgelê was, want tot aan die anneksasie was die behoud van ons swak en jeugdige nasionaliteit steeds gewees om te wyk en pad te gee vir die stroom van Britse oorheersing. Maar daar het die terugslag begin wat nog voortgaan en die golf terug sal dring tot by die see vanwaar dit gekom het. Uit daardie kwaad wat die arme ongelukkiges oorkom het, het God dus ’n heerlike goed laat verrys, soos so dikwels in die geskiedenis van die kerk en selfs van die wêreld gebeur het’.” Met hierdie opvatting van ds. Du Toit stem ds. Postma heelhartig saam. Ongelukkig het ds. Du Toit nie gesê waarop sy bewering van die groter trek onder Kruger en Joubert berus het nie, maar in ’n brief van Paul Kruger gedateer 13 Maart 1874 en wat in De Maandbode verskyn het, het hy hom soos volg uitgelaat oor die trek: Hy keur die trekbeweging ten sterkste af en sy argument: God sal nie meetrek nie omdat deur die trek die Kerk verswak word en die Teologiese Skool op Burgersdorp benadeel word. Die trek as sodanig was ’n politiek burgerlike aangeleentheid, soos blyk uit die volgende sin uit prof. G.B.A. Gerdener se Boustowwe vir die geskiedenis van die Nederduits-Gereformeerde Kerk in die Transgariep (1930) : “Swaar het dit vir ons geval om ons Kerk te verlaat maar nie die land nie.” Aankoms in Angola[wysig | wysig bron] Die trekkers was vir die grootste gedeelte lidmate van die Gereformeerde Kerk. Die mense het nie as een verenigde groep trekkers die land verlaat nie. Die eerste groep, meesal bekend as die Van der Merwe-trek, was reeds ’n geruime tyd weg toe die tweede onder Louw du Plessis die land verlaat. Die tweede groep het die Kalahari in April 1877 aangedurf en in ’n stadium bestaan uit 480 blankes en ’n aantal bediendes met 128 waens en 1 958 trekosse, maar uiteindelik ongeveer 700 persone getel. Van die begin was daar onderlinge tweespalt. Later het hierdie twee aparte groepe tog ’n eenheid gevorm om so as ’n verenigde trek verder deur te sukkel, maar die trek was heeltemal groot vir die roete waarop water uiters skaars was. Op plekke moes die water lepelsgewys uitgedeel word of modder deur handdoeke en hemde gedruk word vir vogtigheid. Die ontberinge wat die mense deurgemaak het en wat in die bestek van vyf jaar amper die helfte van die trekkers, wit en bruin, se lewe geëis het, was byna onbeskryflik. Die dodetal onder mense in die eerste twee maande, was reeds 37. Die meeste van die vee het ook langs pad gevrek. ’n Derde, kleiner trek het die Kalahari veilig deurgedring. Die eerste oorgeblewenes het, nadat hulle op Rietfontein in Suidwes-Afrika aangekom het, eers geruime tyd daar vertoef. Nadat nog trekkers hulle by hulle aangesluit het, het hulle in die Kaokoveld gaan vestig en 18 maande daar gebly. In Desember 1880 het die trekkers in Portugees-Wes-Afrika aangekom, nadat hulle die voorafgaande vyf jaar groot verliese aan besittings gely het. In die nuwe land het hulle in Humpata gaan woon as ’n groep nedersetters onder die Portugese regering. In Desember 1880 het die goewerneur-generaal van Angola aan die goewerment berig gestuur dat daar ’n groep trekboere by die Kunenerivier aangekom het en deurgetrek het tot by Humbe, waar hulle ’n tydjie sal vertoef voor hulle na Huila sal gaan, asook dat hulle van voorneme is om in die Portugese gebied grond aan te vra om te dien vir landbou en veeteelt en hulle dan so te vestig onder die weldadige beskerming van die Portugese vlag en verder mee te help om die Portugese Ryk te verstewig en deel te neem aan die beskawing en opheffing van die “naturelle”. Hierdie boere sou dan ’n soort trekkende kolonie uitmaak wat na die ontberinge in die binnelande van Afrika nou hier rustig onder beskerming van die Portugese vlag wou woon, terwyl hulle die politieke en administratiewe Grondwet wat die nasie aan hulle voorgeskryf het, sou eerbiedig, tevrede met die voorregte wat die land aan sy onderdane gegun en verseker het. So sou hulle die vrugbare velde van Humpata, met ’n uitnemende klimaat en oorvloed van standhoudende water, gaan bewoon. Die genoemde Kolonie het bestaan uit 270 blankes en 50 swart arbeiders. Op daardie tydstip het almal saam 64 huise, 52 waens, 8 perde, 523 trekosse, 511 beeste, 71 skape en 79 bokke besit. Dit was al wat oor was van die 800 siele wat sewe jaar tevore uit Transvaal vertrek het en daardie hele tyd in die binnelande van Afrika rondgeswerwe het. Ooreenkoms met Portugese owerheid[wysig | wysig bron] Ongetwyfeld is die nodige onderhandelinge gevoer met die Portugese amptenare, en nadat die Boere gevra het om in die velde van Huila en Humpata te mag woon, is die volgende ooreenkoms aangegaan tussen die twee partye: - Die Goewerment sal aan elke gesin ’n stuk grond toeken groot 200 ha op die plek wat elkeen self as sy eie (stuk grond) sou uitkies ooreenkomstig die bepalinge van 21 Augustus 1856, 4 Desember 1861 en 10 Oktober 1865, wat sulke skenkinge gereël het. - As die skenking verkry is, belowe die Boere om hulle aan die Portugese wette te onderwerp, hoewel hulle hulle nog as vreemdelinge beskou het. - Die vrye uitoefening van hulle godsdiens is toegestaan ooreenkomstig artikels 6, 145 en 4 van die konstitusionele wette van die land. - Hulle sou gedurende die eerste 10 jaar volgens die Wet van 4 Desember 1861 geen belastings betaal nie. - Hulle sou die reg hê om diensbares onder kontrak aan te hou volgens die Wet van 29 April 1875; diensbares in hulle diens sou egter onder toesig staan van die Goewermentsamptenare. - Hulle sou die reg van verdediging hê ingeval hulle aangeval sou word deur naturelle, maar reg om ’n aanvallende oorlog te begin, sal hulle nie hê nie, en in elke geval sal hulle hulle tot die Goewerment kan wend. En in geval van voorkomende diefstalle, moord of andersins sal die Goewermentsamptenaar tot hulp geroep word om daarin te handel volgens die oomblik en volgens reg. Gronde wat die naturelle bewerk, is hulle eiendom en kan nie aan die Koloniste gegee word nie en kan ook nie van die naturelle afgeneem word nie. - Hulle belowe om hulle families te gaan haal en hopelik in Desember 1880 of Januarie 1881 te Huila sou aankom. Intussen sou pogings in die werk gestel word om ’n goeie vertaler te bekom. - Op hierdie gronde sou die Goewerment hulle verwelkom, maar as hulle dit nie wou aanvaar nie, sou hulle nogtans as gewone vreemdelinge verwelkom word. Die Goewerneur het eindelik ook nog onderneem dat hierdie onderhandelinge beskrywe sou word en dat dit onderteken sou word deur die aanwesige persone. Dit is so aanvaar, en die Portugese owerheid het J.F. Botha, wat onder die emigrante as kommandant bekend was, aangewys as ’n soort landdros of tussenpersoon tussen die Goewerment en die emigrante. Die naam van die nuwe nedersetting sou wees Humpata St. Januario, ter ere van die destydse Portugese minister van kolonies. Op 28 Desember 1880 het die goewerneur van Mossamedes, kol. Sebastiao Nunes da Matta en sy mense en J.F. Botha en syne die nodige stukke onderteken, sodat die nuwe kolonie gestig kon word. Die voorwaardes van stigting het aangesluit by die bogenoemde, en in art. 5 daarvan is nog weer die vrye en onbelemmerde uitoefening van hulle godsdiens genoem. Trekkers se kerklike posisie[wysig | wysig bron] Nog voor die eerste trek die grense van Transvaal oorgesteek het, is hulle besoek deur ds. L.J. du Plessis, destyds predikant te Rustenburg. By daardie geleentheid het hy vir hulle ’n afskeidsdiens waargeneem. Op 14 April 1875 het hulle hierdie kerkplek verlaat en na die noordwestekant van Suid-Afrika begin trek. Die tweede groep is ook, voor hulle die land verlaat het, besoek eers deur ds. Du Plessis en toe weer ds. Jan Lion Cachet, indertyd predikant van die gemeente Philipstown. Tydens die besoek van ds. Du Plessis is ’n paar ouderlinge en diakens verkies en in die ampte bevestig. Hier het ’n aantal persone wat lidmate was van die Hervormde Kerk, ook aangesluit by die Gereformeerde Kerk. Die trekkers het ’n beroep op ds. Cachet uitgebring, met die gevolg dat hy nie lank daarna nie die trek besoek het. Hy kon op daardie tydstip nie sy gemeente verlaat nie en het dus vir die beroep bedank, maar sy belangstelling in die trekkers het gebly. Die volgende jaar gedurende Mei het die Algemene Sinode van die Kerk op Reddersburg vergader, en daar sou die saak van die geestelike versorging van die trekkers deeglik in behandeling kom. Die Sinode het voor hom twee briewe gehad, geskryf deur trekkers self, asook ’n beskrywingspunt afkomstig van die kerkraad van Philipstown. Die een brief, onderteken deur ’n groepie trekkers, het net heil en seën aan die Sinode toegewens en gevra, “indien moontlik, trag tog soveel moontlik om in onse geestelike belange te voorsien”. Die ander brief, onderteken deur R.F. Holsthuizen, oudouderling van die gemeente Pretoria, en J.A. Kruger en G.A. Alberts, afgetrede diakens van Pretoria, en verder die ander trekkers wat nie persoonlik onderteken het nie, was gedateer 12 April 1875, het baie meer inligting aan die Sinode verstrek. Dit het gelui: “Seer veel geagte en eerw. Sinode, ons maak u hiermee bekend dat ons die land, naamlik die Transvaalse Republiek, gaan verlaat om te emigreer na ’n afgeleë land; maar ons onttrek ons nie aan u eerwaarde Sinode en ons Kerkgemeenskap nie, ons hoop en wens is, as ons in die afgeleë land gevestig is, deur die hulp en bystand van die Here, dat die eerw. Sinode ons sal ondersteun in al ons kerklike behoeftes sodat die koninkryk van Jesus Christus verder uitgebrei mag word …” Die inhoud van die beskrywingspunt het daarop neergekom dat die Sinode gevra word om kennis te neem van enkele lidmate van die Kerk wat na Ovamboland toe getrek het, en om pogings aan te wend om in die geestelike behoeftes van die mense te voorsien. Toe die Sinode hierdie stukke bespreek, was ds. Cachet nie teenwoordig nie, maar die voorsitter van Sinode, ds. L.J, du Plessis, het die doel van die beskrywingspunt toegelig, naamlik dat die Sinode die moontlikheid oorweeg om die trekkers as ’n gemeente te organiseer sodat daar ampsdraers onder hulle kon wees. Hierteen het egter ernstige besware gekom. Op versoek van die Sinode het die twee predikante van Transvaal, nl. ds. J.S.L. Venter en die voorsitter (Du Plessis), ook nog mededelinge gedoen in verband met die trekkers, waarvoor hulle bedank is. Na bespreking van die saak is besluit: “Daar sal van hierdie Sinode ’n vriendelike skrywe uitgaan na die lede met die raad om hulle altyd vir hulp te wend na die naaste Algemene Vergadering of tot die Algemene Korrespondent. Die Algemene Vergadering sal dan die verlangde hulp volgens sy vermoë verskaf. En die Algemene Korrespondent sal vir hulle hulp soek, hetsy partikulier of ook deur enige kerkbestuur van ons Kerk. Verder sal daar van hulle toestand gereeld rapport gedoen word aan die Algemene Korrespondent, wat dit op sy beurt weer bekend stel deur middel van De Maandbode.” Die volgende Sinode, gehou op Burgersdorp in 1879, het weer aandag geskenk aan hierdie saak. Die Algemene Korrespondent het aan die Sinode berig dat hy ’n brief van ene P.J. van der Merwe ontvang het. Na aanleiding van hierdie rapport van die Algemene Korrespondent het die Sinode die saak van die emigrante in behandeling geneem. Ds. Cachet was toe ook teenwoordig, en hy kon een en ander meedeel wat die gedagtes van die mense was voor hulle getrek het, nl. dat hulle hul nog beskou het as ’n gemeente van die Gereformeerde Kerk. Hy het hulle dan ook as sodanig behandel. Hierdie inligting is deur die Sinode met groot genoeë verneem. Daarom is ook besluit om ds. Cachet se optrede goed te keur ook in sover hy die name van kinders wat by daardie geleentheid gedoop is, in die doopregister van Rustenburg ingeskrywe het. Na breedvoerige bespreking is besluit: Die Sinode sal ’n kommissie afvaardig na die emigrante. En as Kommissie vir hierdie doel is aangewys: Di. L.J. du Plessis, J.S.L. Venter en J. Lion Cachet, met ds. M.P.A. Coetsee jr. as sekundus. Later het ds. Cachet aangekondig dat die Kommissie hom as praeses en skriba aangewys het, sodat alle korrespondensie in hierdie verband aan hom gerig moes word. Op hierdie Sinode is ook kennis geneem van ’n brief uit die Paarl, gedateer 8 Mei 1879, in verband met die trekmense. Nadat die Sinode met ingenomenheid kennis geneem het van die inhoud, is besluit om die brief te verwys na ds. Cachet. Met die benoeming van die Kommissie het die Sinode dus ’n verbindingskakel met die emigrante geskep, en van nou af sou elke Sinode te doen kry met die voorsiening in die geestelike behoeftes van die mense. Kort ná die Sinode het daar berigte gekom van die trekkers en het ds. Cachet met behulp van die kommissie vir steun in die Paarl ’n poging aangewend om die trekkers te besoek, maar hy kon nie met hulle in aanraking kom nie. Die gemeente Humpata gestig[wysig | wysig bron] Nadat die Kommissie sake mooi deurgekyk het, is besluit om di. L.J. du Plessis en M.P.A. Coetsee jr. as kommissie na die trekkers af te vaardig om hulle in die vreemde land te gaan besoek. In Junie 1881 het hulle vertrek maar kon geen reisgeleentheid vind na Moçâmedes, die hawestad van waar hulle met die mense in verbinding moes kom nie. Hulle sou dus geheel en al onverrigter sake moes teruggekeer het, maar het toe besluit om na Nederland te gaan en kennis te maak met die Moederkerk. Nog dieselfde jaar het die kommissie toe weer besluit om ds. Cachet daarheen te stuur, en hy het daarin geslaag om hulle te bereik; en hoewel hyself toe nog nie by die Sinode was nie, het daar toe reeds ’n rapport van hom by die kommissie aangekom. Ds. Cachet het reeds in Kaapstad heelwat moeite ondervind om passasie te kry na Moçâmedes, maar het tog uiteindelik daarin geslaag om ’n boot te vind wat na die Kongo gevaar het, en daarmee is hy toe saam. Op 2 Desember 1881 was hy in Moçâmedes, maar daar was geen geleentheid om met die trekkers in verbinding te kom nie, sodat hy ’n tyd lank die gas was van die Portugese goewerneur van die streek, en mede deur sy bemoeiing kon hy daarin slaag om op 16 Desember te St. Januario, Humpata, aan te kom. Die ontvangs was onbeskryflik, en volgens oorlewering het trane van vreugde en dankbaarheid teenoor God het vryelik gevloei. So spoedig moontlik is ’n gemeentebyeenkoms saamgeroep as ’n dank-en-biduur, en daarna is aandag geskenk aan die organisasie van die kerk. Hier was verskillende faktore wat meegewerk het om ’n grondige reorganisasie te bewerkstellig: a. ’n Gedeelte van die lidmate wat met die sogenaamde Van der Merwe-trek reeds weg was toe die groep trekkers by Krokodilrivier in ’n trekkende gemeente georganiseer is, het hulle nooit onder toesig van daardie kerkraad gestel nie. b. Talle kerkraadslede het teruggekeer, en ander is deur die dood weggeneem, sodat daar slegs enkele nog oorgebly het. Daarom is ooreengekom dat hulle die ampte sou neerlê sodat die gemeente geheel en al sonder ampsdraers sou wees. Onder hierdie ontredderde omstandighede is die sakramente nie bedien nie, maar die reorganisasie van sake is eers ter hand geneem en wel soos volg: (1) Op versoek van die predikant het alle persone wat vroeër in een of ander Protestantse Kerk ’n amp beklee het, vooraf saamgekom. Dit het gebeur, en op die samespreking is ooreengekom om ’n gemeentevergadering op te roep en ook die persone wat tot ander Protestantse Kerke behoort het, is daarheen uitgenooi. (2) Die gemeentevergadering is op 19 Desember gehou, en daar het almal wat tot die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika behoort het, verklaar dat hulle begeerte is om as ’n gemeente van die Gereformeerde Kerk beskou te word, en ek is gevra om dit tog te bepleit by die kommissie sodat dit by die betrokke kerklike vergaderings behandel kon word. Die lidmate van die Nederduitse Gereformeerde Kerk en van die Nederduitsch Hervormde Kerk wat teenwoordig was, het ook hulle begeerte uitgespreek om by die Gereformeerde Kerk aan te sluit. Nadat die broeders ook hier aangekondig het dat hulle hul amp neerlê, het die predikant versoek dat almal wat tot die gemeente wou behoort, hulle naam by hom moes kom opgee en dat solank as daar nog nie ’n kerkraad is nie, die oudkerkraadslede ’n kommissie sou uitmaak om die predikant by te staan. By die opskryf van die name het dit geblyk dat die getal van die lidmate insluitende diegene wat nou eers by die gemeente aangesluit het, op 108 gestaan het. Daar was egter nog ’n paar lidmate afwesig. Ds. Cachet voeg hier die tekenende woorde in: “Uit hierdie lidmate getal kan opgemaak word hoe die ellende van die trek die gemeente geteister het.” Op 20 Desember is die gemeente weer saamgeroep, en na die aanroeping van die Naam van die Here is kerkraadslede gekies. Vier ouderlinge en vier diakens is gekies, en onder die besondere omstandighede is van die gewone kerklike reël afgewyk en die verkose broeders is so spoedig moontlik bevestig. Ds. Cachet was beswaard om die Sakramente te bedien voor daar eers ’n Censura morum-vergadering gehou is. In die buitengewone diens is die broeders in die ampte bevestig, en op 21 Desember is die eerste kerkraadsvergadering gehou. Daarna het die verrigtinge normaal verloop. By die eerste bediening van die doop is 46 kinders aangemeld vir hierdie Sakrament. Daarby merk ds. Cachet op: “As in aanmerking geneem word dat geen enkele kind tydens die trek gedoop is nie, dan kan maklik opgemaak word hoeveel kindergrafte in die woestyn (die Kalahari) gegrawe is.” Cachet sluit dan sy rapport af met wat hy noem algemene aanmerkinge: Wat die tydelike toestand van die emigrante betref, is dit nie gunstig nie, aangesien die mense baie verarm is; hulle besittinge is maar min en gedurende ’n groot droogte wat geheers het, kon hulle weens onbekendheid met die veld nie trek nie. Daar heers egter nie gebrek aan voedsel nie; vleis is skaars en brood is nie oorvloedig nie, maar tuingroente is daar in oorvloed; die grootste gebrek is aan kleding en geld, aangesien die trekkers sedert ses jaar geen uitkoms gehad het nie. Oor die verhouding tussen die emigrante en die Portugese goewerment durf hy offisieel niks sê nie, aangesien hy met sekerheid dit nie kon verneem nie. Wat hy egter met sekerheid durf sê, is dat die emigrante nie vry is nie. Wat die geestelike betref, merk hy die volgende op: Dit is die ernstige begeerte van die broeders om ’n gemeente van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika te wees en in volle gemeen-kap daarmee te bly. Hy het dit op hom geneem om die saak by die Kommissie te behartig. Dit is van die grootste belang dat daar so spoedig moontlik in die geestelike belange van die gemeente voorsien sal word deur vir ’n aantal jare geldelike ondersteuning te bied vir die verkryging en onderhouding van ’n eie herder en leraar. In ’n gemeentevergadering op St. Januario gehou, het dit geblyk dat die gemeente self nie ’n leraar sal kan beroep nie en is daar besluit om by die kommissie om hulp aan te klop. Hy beveel ook met groot vrymoedigheid by die kommissie aan om die steun te gee. Wat die onderwys betref, daarop het hy met noulettendheid ingegaan en gevind dat baie verwaarloos is deur die trek. Op die voorstel van die kerkraad is daar ’n skoolkommissie benoem en sal gepoog word om op die dorp ’n skool te begin, in die verwagting dat ’n geskikte onderwyser gevind sal word. Daar bestaan wel ’n moontlikheid dat ’n Portugese skool in die nabyheid gestig sal word, waar die kinders gratis onderwys sou kan ontvang, maar die mening is dat sodoende die nasionale karakter en die godsdiens van die vaders verwaarloos sal raak; daarom verkies hulle ’n eie skool. Ook hierdie saak beveel hy ernstig by die kommissie aan. Hy spreek verder die oortuiging uit dat as die emigrante daar Protestants en Gereformeerd wil bly, dan moet hulle, na die mens gespreek, nie verlaat word nie. Die toestand waarin hulle verkeer, is, geestelik gespreek, baie gevaarlik. Ds. Cachet het op 26 Februarie 1882 veilig in Kaapstad teruggekeer. Met hierdie inligting voor hom kon die Sinode ernstige aandag skenk aan die saak van die emigrante. Die eerste punt wat die Sinode oorweeg het, was of hy die reiskoste van die twee broeders wat nie die trekkers kon bereik nie, sou betaal. Die broeders self het geen reiskoste gevra nie, maar na bespreking is besluit dat hoewel die Sinode dit edelmoedig vind dat hulle geen reiskoste gevra het nie, die Sinode tog wens om daarvoor by te dra, en is verder besluit dat elke lid van die Sinode by sy tuiskoms vrywillige gifte daarvoor moes insamel. Verder het die Sinode die broeders bedank omdat hulle die Moederkerk in Nederland besoek het. In hierdie verband met die groot saak wat behartig moes word, is besluit om, soos versoek deur die kommissie self, ’n nuwe kommissie te kies, wat uit drie leraars en drie ouderlinge sou bestaan, en ten einde koste te bespaar en spoedige optrede te verseker word die ses broeders alleen uit die Kaapkolonie gekies. Eindelik het die Sinode ook nog die versoek van die gemeente behandel, naamlik “die kommissie word ernstig versoek om ons te help om gedurende enkele jare ’n predikant in ons midde te verkry”. Hierdie versoek is deur ds. Cachet in sy rapport sterk gesteun. Na bespreking is besluit: Die Sinode het uit die skrywe en die rapport van die kommissie verneem dat die gemeente opnuut as ’n Gereformeerde gemeente georganiseer is deur ons afgevaardigde, ds. J. Lion Cachet, en keur nou die optrede goed en verbly hom daaroor dat hulle nog met ons Kerk in die nouste verband wens te bly en deur die Kerk ook gehelp wil word, wat die Sinode met genoeë verneem en verklaar na sy beste vermoë altyd te hulp te wil kom. Hoe die hulp verleen sou word, is aan die bogenoemde kommissie opgedra, met die reg om vrye bydraes in te samel en te trag om ’n leraar daarvoor te kies, al was dit ook uit ons Kerk in Nederland. ’n Brief sou ook namens die Sinode aan ds. Cachet geskrywe word, waarin die besondere dank van die Kerk vir sy groot werk uitgedruk sou word. Ongeslaagde besoek deur di. Du Plessis en Venter[wysig | wysig bron] Nie alle pogings om die trekboere te besoek, het geslaag nie. Vroeg in 1881 moes die kerkraad van die Gereformeerde kerk Colesberg aandag skenk aan 'n brief van die kommissie wat die geestelike belange van die Trekboere na Humpata moes behartig, waarin bekendgestel was dat gemelde kommissie besluit het om di. L.J. du Plessis en M.P.A. Coetzee jr. van Steynsburg af te vaardig na Angola om die trekkers hier te kom besoek. Waarom juis hierdie twee broeders afgevaardig was, is nie bekend nie, maar die keuse van ds. Du Plessis kon moontlik voortgespruit het daaruit dat hy vroeër as predikant van Rustenburg die trekkers geken het en hulle ook besoek het voor hulle die wildernis ingetrek het. Die kerkraad van Colesberg sou hierdie benoeming moes bekragtig want die kommissie het verder gevra dat ds. Du Plessis tydens sy afwesigheid sy traktement moes behou. Voor die kerkraad hieroor besluit het, het ds. Du Plessis die vergadering meegedeel dat hy nog nie besluit het of hy daarheen sal gaan nie; daarom het die kerkraad besluit om eers sy beslissing af te wag. Op die volgende vergadering, 14 Mei 1881 het hy toe bekendgestel dat hy besluit het om te gaan as dit met die kerkraad gereël kon word. Die kerkraad het die nodige verlof geskenk en ook bewillig om die traktement te bly betaal. Hierdie bespreking het in afwesigheid van die predikant geskied onder leiding van ds. H.B. Venter van Barkly-Oos. Die goedkeuring van die kerkraad was nog onderhewig aan die van die gemeente, maar ook dit is gegee. Nadat die besluit van die kerkraad aan ds. Du Plessis bekendgemaak is, het hy met 'n ander versoek vorendag gekom. Hy het reeds lankal die plan gehad om besoek aan Europa te bring en aangesien daar blykbaar nou 'n gunstige geleentheid daarvoor aangebreek het, wou hy die kerkraad vra om hom verlof te gee om ná voltooiing van sy werk by die trekmense, na Europa te gaan. Ook hierdie versoek is gunstig oorweeg en toegestaan deur sowel die kerkraad as die gemeente. Die hele afwesigheid sou min of meer sewe of agt maande duur, maar dit het die kerkraad en gemeente nie afgeskrik nie. Op die vergadering van 4 Junie 1881 moes die kerkraad weer aandag skenk aan die aangeleentheid, maar nou in gewysigde vorm. Op hierdie vergadering het die voorsitter meegedeel dat die plan was om op 13 Junie van Steynsburg af te vertrek, maar het hy daarby gevoeg die gewenste informasie om met sekerheid die trekmense te kan bereik, het nog nie gekom nie. Hierop het hy toe gevra dat ingeval die hele sending na Humpata op 'n teleurstelling sou uitloop, of hy nogtans verlof sou hê om na Europa te gaan? Ook hierdie gewysigde versoek is deur sowel kerkraad as gemeente toegestaan. Sake is verder gereël dat tydens die afwesigheid van die predikant die dienste van tyd tot tyd deur ander predikante waargeneem sou word. Die deputate het op die bepaalde tyd vertrek wat daarop dui dat die nodige inligting toe wel gekom het, maar hulle kon Angola nie aandoen nie en het dus regdeur gegaan na Europa. Op sy vergadering van 19 Augustus 1881 het die kerkraad 'n brief aangehoor wat ds. Du Plessis vanuit Londen geskryf het en toe die kerkraad weer vergader het op 17 September was die predikant reeds terug en kon as voorsitter ageer. Die besoek aan die buiteland was dus baie korter as wat die gedagte aanvanklik was. In die notule staan net: “Ds. du Plessis zegt veel eerder teruggekomen te zijn dan hij gedacht had. Bij de trekmenschen waren zij niet omdat de reisgelegenheid van Madeira voor hen niet aannemelijk was boven die van Kaapstad, vooral wegens den langen tijd dat men op zee moet doorbrengen. Dan hebben zij nooit bericht gekregen of de menschen zich wel gevestigd hadden waar zij dachten heen te gaan. Bij de Kaap aangekomen zijnde is hun dit bericht eerst geworden." Dit was nie die laaste keer dat die kerkraad aandag sou moes skenk aan die belange van die Angola-trekkers nie, want van tyd tot tyd moes die kerkraad korrespondensiestukke afkomstig van die kommissie belas met die geestelike belange van die trekmense behandel en trag om geld te vind om die verskillende planne deur te voer. Nooit het die kerkraad geweier om die gevraagde steun te verleen nie. Die bedrae wat wel aangestuur was, het nooit juis beïndruk nie, maar die gewilligheid het nie ontbreek nie en dit kon moontlik die invloed van ds. Du Plessis gewees het, want baie van daardie mense was vroeër sy lidmate gewees. Eerste poging tot repatriasie[wysig | wysig bron] In 1883 het ’n beweging ontstaan om die mense terug te bring na Suid-Afrika. Dit was wel nie ’n kerklike beweging nie maar was nou verbonde aan die geestelike versorging van die emigrante. Teen die einde van 1882 het J.P. Botha na Transvaal gegaan met die doel om weer daar te gaan woon. Ten tyde van sy vertrek was daar al plek-plek sprake van terugkeer na Suid-Afrika. Tydens sy verblyf in Transvaal is die gedagte uitgespreek om pogings in die werk te stel om die trekkers terug te kry, maar dan moes hulle almal terugkeer. Komitees is in Pretoria en Bloemfontein gestig om geld in te samel vir hierdie doel. Toe Botha in September 1883 in Humpata teruggekeer het, het hy verskeie byeenkomste toegespreek oor die toestande in Transvaal en toe ook bekendgemaak dat daar finansiële hulp vanuit Suid-Afrika verwag kon word as die trekkers almal wil terugkeer daarheen. Van toe af het die saak van algemene terugkeer baie aandag geniet. Die kerkraad het op 28 September 1883 ’n brief gerig aan die Sinodale kommissie en hulle ook verwittig van die planne wat nou druk bespreek word in Humpata, maar aangesien dit moontlik eers oor 10 maande tot finaliteit sou kon kom, is dringend gevra om tog weer ’n predikant daarheen te stuur vir bediening van Woord en sakramente. Kort daarna het die Sinodale kommissie ook ’n brief ontvang van die kommissie wat in Humpata benoem is om die trekplanne te bevorder waarin breedvoeriger geskryf is oor die planne en ook die redes aangegee word waarom hulle wou terugkeer. Hierdie kommissie was egter nie belas met die geestelike sy van die saak nie; daarom het hulle vermeld dat die kerkraad seker ook aan die kommissie in Suid-Afrika daaroor sou skryf. Die inhoud van hierdie briewe het die planne wat reeds tydens Botha se besoek uitgespreek is, vaster vorm laat aanneem, en sowel in Transvaal as in die Vrystaat en Kaapkolonie is ywerig aan die werk gespring om geld bymekaar te maak. Die hoofkommissie van hierdie aksie was in Pretoria gevestig, en daarvan was ds. Petrus Postma, predikant van die Gereformeerde kerk aldaar, voorsitter, maar die hele aksie het ’n politiek-maatskaplike karakter gedra. Die hoofkommissie het intussen aan die Sinodale kommissie geskryf en sy medewerking gevra in hierdie saak. Ná ernstige beraad het die Sinodale kommissie besluit om te antwoord dat aangesien hierdie kommissie slegs een opdrag het, naamlik om voorsiening te maak in die geestelike behoeftes van die gemeente te Humpata, het hulle geen vrymoedigheid om as kommissie werksaam te wees om die mense stoflik te help nie, omdat dit daardeur sy bevoegdheid te buite sou gaan. Intussen het die geldinsameling so goed gevorder dat die hoofkommissie in Pretoria tot aksie kon oorgaan. Die vorm waarin hierdie aksie geloods is, was naamlik om ’n persoon na Humpata af te vaardig om die saak van terugkeer daar te gaan bevorder en die geld saam te neem om die mense mee te help. Hulle het toe besluit om ds. Maarten Pelser van die Gereformeerde kerk Ventersburg, Vrystaat, daarheen af te vaardig. Ná hierdie besluit geneem is en sekerheid verkry is dat ds. Pelser sou gaan, het die hoofkommissie weer geskryf aan die Sinodale kommissie en hulle verwittig van die afvaardiging van ds. Pelser en toe versoek dat hierdie kommissie aan ds. Pelser ook ’n kerklike opdrag moes gee wat aangesluit het by sy maatskaplike opdrag. Laasgenoemde opdrag het gelui: Om alles in sy vermoë aan te wend om die mense in massa te laat terugkeer. Die versoek was nou dat die kerklike opdrag daarby moes aansluit sonder dat die kommissie ’n oordeel hoef uit te spreek oor die trekplanne. Toe ds. Cachet as voorsitter van die kommissie hierdie versoek ontvang het, kon hy nie weer ’n kommissievergadering belê nie en was dus genoodsaak om na telegrafiese raadpleging met ’n paar van die lede van die kommissie sodanige lasbrief aan ds. Pelser te stuur, wat dit gewillig aanvaar het. Ongetwyfeld was die sending van ds. Pelser ’n mooi geleentheid vir die Sinodale kommissie om aan die versoek van die kerkraad te voldoen en Woord en Sakramente aldaar te laat bedien. Intussen het sake in Humpata ook nie stilgestaan nie en het die kommissie vir daardie doel benoem, die saak sterk gepropageer. Maar ongelukkig was daar nie eenstemmigheid onder die trekkers nie. Een openbare vergadering ná die ander is gehou, en die verdeeldheid het maar te duidelik geblyk. Op die tweede openbare vergadering is ooreengekom dat eers nog ’n ekspedisie gestuur sou word om te kyk of hulle nie ’n geskikter woonplek vir die trekkers kon kry nie. Slaag hulle, dan was die grootste gedeelte gewillig om te bly; so nie, sou die grootste gedeelte gewillig wees om na Suid-Afrika terug te trek. Die meeste was egter ten gunste daarvan dat as hulle getrek het, almal moes gaan. Kort ná die tweede vergadering het die ekspedisie van 17 man ooswaarts vertrek. Gedurende die afwesigheid van hierdie sewentien manne het ds. Pelser op Humpata aangekom. Ds. Pelser en Jan Kriegler het in Julie 1884 daar aangekom en nie lank gewag voor hy die doel van sy sending verduidelik het nie. Hy het samesprekings gevoer met die bestaande kommissie vir hierdie doel en baie duidelik gesê dat die hoofkommissie gewillig is om hulp te verleen, maar dan moes hulle almal kom. Met die verskyning van hulp soos ds. Pelser dit saamgebring het, het daar ’n wending in sake gekom en was hulle omtrent almal gewillig om terug te keer. Ds. Pelser het intussen ’n kommissie laat benoem om te beskik oor die gelde, en nadat hy ook sy kerklike opdrag volvoer het, het hy planne begin maak om terug te keer. Die Vrydag voor ds. Pelser se vertrek het ’n deel van die ekspedisie teruggekeer; en toe hulle verneem het van die hulp wat ds. Pelser gebring het, was hulle bereid om saam te trek. Toe ds. Pelser dus moes rapporteer, kon hy met vrymoedigheid sê dat die oorgrote meerderheid gewillig was om terug te kom. En hierdie inligting het die hoofkommissie in Pretoria weer per brief aan die Sinodale kommissie berig, naamlik dat die grote meerderheid besluit het om terug te trek; en verder is die hoop en vertroue uitgespreek dat die kommissie nou met hulle sou kon saamwerk. Later het die hoofkommissie weer geskryf en gevra om hulle met raad en daad by te staan, waarop die Sinodale kommissie geantwoord het dat hy nie kans sien om met die oog op die laaste amptelike berigte wat hier vanaf Humpata ontvang is, af te wyk van die uitvoering van sy opdrag nie; gevolglik kon die kommissie nie as kommissie aan die versoek van die hoofkommissie gevolg gee nie. Geen wonder dat die Sinodale kommissie nie kon aanvaar dat sy taak weldra afgedaan sou wees nie, want van die hele trekplan wat ds. Pelser daar inderhaas gaan reël het, het bitter weinig tereggekom. Die kommissie wat moes beskik oor geldelike hulp, het aan almal wat wou trek, hulp toegesê. Sowat 30 gesinne het die steun aanvaar, maar ter elfder uur het sewe huisgesinne tog nog weer om verskeie redes besluit om te bly. Die orige 23 gesinne het voet by stuk gehou. Sommige het hulle erwe in Humpata verkoop; ander het dit net so laat lê en weggetrek. Vanaf 20 Oktober tot 1 November 1884 het hulle in groepies begin wegtrek met die doel om aan die ooskant van die Kunenerivier bymekaar te kom. Daar is L.M. du Plessis tot voorman van die trek aangewys. Die plan was om deur Damaraland terug te gaan om so reeds die volgende jaar in die ZAR te kon wees. Maar toe het die ellende weer van vooraf begin en het die vier jare lange omswerwing in die gebied begin, en aan die einde van die vier jaar het die grootste gedeelte van die trek weer by Humpata aangekom. Die hele trekplan het dus net mooi niks opgelewer nie behalwe dat ’n paar huisgesinne tog in Transvaal aangekom het. En die grootste rede waarom die trekkende groep besluit het om terug te keer, was die berig dat ’n Gereformeerde predikant gevind is wat in Humpata sou kom woon. Beter geestelike bearbeiding[wysig | wysig bron] Die kommissie belas met die geestelike bearbeiding van die gemeente Humpata het sedert die Sinode van 1882 nie stilgesit nie. Omdat die bearbeiding tot sover op ’n te losse voet was, is die plan opgevat om ’n leraar na Angola te stuur vir drie jaar en hom dan deur middel van vrywillige bydraes van die hele Kerk te onderhou. Die gedagte was dat die leraar wat sou gaan, slegs deur sy gemeente geleen sou word vir hierdie werk, sodat daardeur heelwat swarighede sou verval. As die mense dan sou besluit om terug te keer, dan kon die predikant met hulle saam terugkom. Met hierdie doel voor oë is die gemeentes genader om geldelike hulp, wat oor die algemeen mildelik daarvoor belowe is. Ook die kommissie in die Vrystaat is genader, en hulle het die rente van die hoofsom wat toe reeds ingesamel is vir die terugkeer van die trekkers, naamlik £60, toegesê. Onder hierdie gunstige stand van sake is pogings in die werk gestel om ’n predikant te kry wat gewillig sou wees om daarheen te gaan. Eers is ds. H.B. Venter van Barkly-Oos beroep, maar hy het bedank; toe is ds. Maarten Pelser beroep, maar hy is verhinder om die beroep aan te neem. Op hierdie tydstip het die kommissie berig vanuit Humpata ontvang dat die mense besig was om terug te keer en dat hulle hulp gevra het vir hierdie doel. Kort ná ds. Pelser se terugkoms het die Sinode in 1885 op Burgersdorp vergader en aan die eerwaarde Vergadering moes die kommissie breedvoerig rapporteer wat intussen vir die gemeente se bearbeiding gedoen is. Die kommissie het ’n breedvoerige rapport aan die Sinode voorgelê, en veral die deel wat gehandel het oor die versoek om met die hoofkommissie saam te werk, was baie volledig; verder is ook stilgestaan by die pogings om ’n predikant te kry wat in Humpata kon gaan woon, en eindelik enkele opmerkinge van die kommissie oor die hele aangeleentheid. By die bespreking van hierdie rapport is besondere aandag geskenk aan die wenk van ds. W.J. Snyman van Venterstad dat die kommissie kon saamgewerk het met die hoofkommissie in Pretoria. Ná ’n breedvoerige bespreking is besluit: “Die Sinode betuig aan die kommissie hartlike dank vir die ernstige pogings om die opdrag wat die Sinode aan hom gegee het, uit te voer en tewens aan ds. Pelser vir die kerklike diens aldaar op versoek van die kommissie verrig. Die Sinode ontbind hiermee die kommissie op sy eie versoek; verder besluit die Sinode om die hele verslag as bylaag by die notule te laat druk.” In hoeverre die bespreking neergekom het op kritiek op die standpunt wat die kommissie ingeneem het ten opsigte van die medewerking, is onbekend, want die notule vermeld net dat aan die bespreking deelgeneem het die skriba (dit was ds. Petrus Postma), die voorsitter van die hoofkommissie, die lede van die kommissie en ander lede. Ds. Cachet was voorsitter van die Sinode, en aangesien hy ook aan die bespreking wou deelneem, is die voorsitterstoel tydelik oorgedra aan prof. Dirk Postma. Die Sinode het hom ook nie uitgespreek oor die deelname al dan nie, waaruit dit wil voorkom asof daar ernstige verdeeldheid hieroor bestaan het. En agterna beskou, veral nadat dit geblyk het dat die hele poging om die mense terug te bring so ’n mislukking was, was die standpunt van die kommissie beslis gebillik, want anders kon dit uitgeloop het op ’n groot misverstand in Humpata, wat die ellende nog groter kon gemaak het. Nou het die kommissie hom egter bepaal by sy Sinodale mandaat, en die Sinode het hom ook nie voor of teen die trek uitgelaat nie, sodat die vertroue in die kommissie as verteenwoordigers van die Kerk ongeskonde gebly het. Die Sinodale kommissie het in sy rapport twee opmerkinge opgeneem: a. Die kommissie voel verplig om sy dank toe te bring aan die onderskeie gemeentes vir die gereelde bydraes wat die grootste gedeelte van die gemeentes belowe het. B. En aangesien deur die terugreis van baie en die vertrek van ander die gemeente van St. Januario so goed as ontbind sal wees en dit byna onmoontlik sal wees om geld vir die stuur van ’n leraar te verkry, meen die kommissie dat onder die gegewe omstandighede dit die beste sal wees as die Sinode die kommissie ontbind. In hierdie twee opmerkinge vind ons dus die hele samevatting van die situasie soos die kommissie dit op 4 Maart 1885 gesien het. Die pogings van die kommissie om ’n predikant daarheen te stuur is mooi gesteun deur die gemeentes, maar dit sal nou na alle waarskynlikheid nie meer nodig wees nie; dus word die gemeentes vir hulle bereidwilligheid bedank. Die tweede opmerking weerspieël eintlik die mislukking van die poging van die hoofkommissie in Pretoria; want die een groot voorwaarde waarop finansiële steun deur middel van ds. Pelser toegesê kon word, was dat almal moes teruggebring word. Ds. Pelser het kom rapporteer dat die oorgrote meerderheid besluit het om terug te keer, maar in Maart 1885, ’n paar maande ná ds. Pelser se terugkoms, moet die kommissie gewag maak van twee redes vir die oorbodigheid van sy bestaan, naamlik die terugkoms van baie en die vertrek van ander. Aan die voorwaarde van die Hoofkommissie is dus nie voldoen nie, maar die gemeente van Humpata sou so goed as ontbind wees. En aangesien die Sinode die versoek tot ontbinding bekragtig het, het die vergadering dus self ook indirek die opvatting van die kommissie gehuldig. Tog was hierdie versoek van die kommissie om ontbind te word, ietwat voorbarig, want die gemeente St. Januario mag dan wel ontbind wees, maar al die trekkers sou tog nie terug wees in Suid-Afrika nie. Daar moes gevolglik tog ’n middel wees waardeur die Sinode met die ander wat nie wou terugtrek nie, in voeling kon bly. Daarom staan ook in die notule direk ná die bogenoemde besluit tot ontbinding van die kommissie die volgende: Nog in verband met die verslag van die kommissie vir die behartiging van die geestelike belange van die gemeente St. Januario word deur die voorsitter die vraag voorgelê of daar weer ’n kommissie verkies sal word tot behartiging van die geestelike belange van die gemeente. En die opmerklike hiervan is dat die voorsitter van die sinode ds. Cachet was. Dieselfde man wat die vorige dag deur die Sinode saam met die ander lede ontslaan is, bring nou weer die vraag na vore of daar weer ’n kommissie benoem moes word. Dit laat die voorafgaande verrigtinge besonder onklaar voorkom. Die houding van die Sinode staan in die notule: Ná ’n korte bespreking stel die predikant van Venterstad voor: “Die Sinode benoem weer ’n kommissie om die belange van daardie gemeente te behartig.” En dit word met algemene stemme aangeneem. Hierdie besluit maak die indruk asof die een van die vorige dag net geneem is om uit ’n sekere moeilike posisie uit te kom, want hier word nou met algemene stemme besluit dat die saak sy voortgang moet hê. Die Sinode skenk egter onmiddellike aandag aan die grondwet van die nuwe kommissie, en toe is besluit: “Die Sinode benoem drie leraars, by wie uit elkeen se kerkraad ’n ouderling aangewys sal word, en die kommissie sal na die beste van sy vermoë in die belange van die gemeente aldaar werk maar altyd in oorleg met enige Algemene Vergadering van ons Kerk, en mog dié nie sit terwyl daar tog opgetree moes word nie, dan in oorleg met die korrespondent van elke Algemene Vergadering.” Op ’n verdere vraag of die leraars slegs uit een staat of uit al drie mag wees, is besluit dat dit ’n vrye verkiesing sou wees. Die uitslag van die verkiesing was dat di. W.J. Snyman, M.P.A. Coetsee jr. en J. Lion Cachet aangewys is – dus byna dieselfde personeel, behalwe dat ds. W.J. Snyman in die plek van ds. L. J. du Plessis verkies is. Verder is daar ’n sekundus vir elkeen van die broeders benoem. So het die saak weer ’n nuwe loop gekry, en die wysheid van hierdie besluit sou weldra blyk, want as die Sinode die kommissie onnodig sou verklaar het, sou die lidmate in Humpata drie jaar lank geen kontak met die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika kon gekry het nie. Nou was die liggaam egter daar om onverpoosd voort te gaan en in 1888 selfs ’n predikant daarheen te stuur om daar ’n tyd lank te gaan woon. Die kommissie het maar weer aandag begin skenk aan die geestelike belange van die gemeente, en toe daar weer ’n smeekbede uit Humpata ontvang word, is in oorleg met die Algemene Vergadering van die Kaapkolonie besluit om die verskillende kerkrade te vra of hulle beloftes van drie jaar gelede vir die onderhoud van ’n predikant in Angola nog stand hou. Die resultaat was dat die som van £226 beloof is. Die gemeente in St. Januario het ook vir ’n bedrag van £70 per jaar en 16 mud meel ingestaan. Hierdeur bemoedig, het die kommissie weer, ná raadpleging van die Algemene Vergadering van die Kaapkolonie, besluit om tot beroep oor te gaan. Ds. Maarten Pelser is beroep, maar toe die Sinode in 1888 vergader op Middelburg, K.P., was sy antwoord op die beroep nog nie bekend nie. In hulle rapport aan die Sinode is die ontwikkelinge gerapporteer met die versoek dat aangesien daar vir die reiskoste daarheen, as die predikant sou aanneem, geen voorsiening gemaak is nie, die Sinode daaroor moes besluit. Die rapport is behandel en met algemene stemme goedgekeur. In verband met die punt van die reiskoste is besluit: Die Sinode adviseer dat aangesien dit nou nog nie seker is hoeveel die reiskoste sal wees nie, die kommissie maar moes bly voortwerk tot die uitslag van die beroep bekend is, en ingeval hy dit aanvaar het en die kommissie dus weet hoeveel die reiskoste sal wees, die gemeentes genader mag word vir vrye kollektes vir hierdie saak. Humpata se eerste predikant[wysig | wysig bron] Nadat die kommissie berig ontvang het dat ds. Pelser die beroep nie aangeneem het nie, is weer ’n beroep uitgebring, naamlik op ds. Dirk Postma jr., predikant van Fauresmith. Ds. Postma het die beroep aangeneem en dit op 7 Augustus 1888 bekendgemaak. Hy is op 21 Oktober 1888 op Burgersdorp vir dié taak bevestig. Pogings is onmiddellik in die werk gestel om die reiskoste te vind, en daarmee het dit so goed gegaan dat ds. Postma, wat op Burgersdorp in die amp bevestig is, reeds op 19 Januarie 1889 te St. Januario aangekom het. Hy sou vir drie jaar hierheen kom, maar aan die einde van twee jaar het hy teruggekeer. Gedurende sy verblyf is groot vooruitgang gemaak deurdat ’n kerkgebou en ’n pastorie gebou is. Hy het ook baie gedoen om die onderwystoestand te verbeter en het self ook onderwys gegee. Op 10 September 1890 het die kommissie ’n kabelgram ontvang van die kerkraad te St. Januario waarin melding gemaak is van die ernstige krankheid van die predikant met die versoek dat die kommissie hom maar liefs moes terugroep. Dit het gebeur, en ds. M. Postma, ’n broer van die predikant, het na Mossamedes gereis om hulle terug te help. Hoewel die kommissie hierdeur skielik voor groot uitgawes te staan gekom het, kon dit nogtans tog ’n nie te ongunstige finansiële toestand aan die Sinode van 1891 voorlê nie. Die skielike terugkoms van ds. Postma maak tog ’n eienaardige indruk. Sy rapport aan die Sinode het onder meer gelui: “Op 6 Junie 1890 is die skool vereers gesluit; die skool sou vir ’n paar maande gesluit moes bly omdat ek dit van belang geag het om ’n reis na Benguela te onderneem in die begin van die maand Julie; teen die einde van Junie het ek berig ontvang dat die galkoors so erg geheers het in Benguela dat ons verplig was om die reis tot later uit te stel. Intussen het ons verneem dat die goewerneur-generaal, met nog twee goewerneurs, Humpata spoedig sou besoek, maar die doel van hierdie besoek het nie gou bekend geword nie. Eers toe die goewerneur-generaal in Mossamedes aankom, het ons verneem dat daar ’n sterk ekspedisie na Bhéland sou moes gaan. Kort daarna het die goewerneur-generaal in die nabyheid van Humpata gekom en toe opdrag gegee aan mnr. A. de Paiva om soveel waens en manne te kry as moontlik. Terwyl bekend was dat sodanige ekspedisie nie slegs noodsaaklik nie maar ook onvermydelik was, het ’n paar broeders met my ernstige poginge aangewend om dit so te verkry dat, al moes daar ’n ekspedisie gaan, dit nogtans so geskik sou word dat ons kerklike saak nie daardeur vir ’n tyd sou hoef stil te staan nie. Vir hierdie doel is ’n aantal vergaderinge gehou; op die laaste vergadering het dit geblyk dat daar slegs 21 of 22 manslidmate was wat gewillig was en kans gesien het om in Humpata te bly; ek het toe verklaar dat ek dan nog sou bly; daarna het daar van die 22 persone ook op die ekspedisie gegaan met hulle families en verder nog ander ook wat ten tyde van die vergadering weg was na Mossamedes, sodat daar eindelik slegs 19 of 20 manslidmate oorgebly het; nog was ek egter vasbeslote om te bly maar het toe kort daarna ernstig siek geword, waarop deur die eerw. kerkraad ’n telegram hierheen gestuur is, wat my terugkoms ten gevolg gehad het.” Hierdie verklaring van die predikant stel die aangeleentheid wel in ’n beter lig, maar die vraag bly tog of dit waarlik nodig was om die kerk skielik tot so ’n groot onkoste te drywe? Maar omstandighede was destyds so anders as vandag dat ’n suiwere oordeelvelling oor so ’n optrede van die kerkraad aldaar uiters moeilik is, veral as dit blyk dat die predikant nog weer sodanig uit sy siekte herstel het dat hy voor hy vertrek het, die mense van die ekspedisie wat nog daar naby was, kon gaan besoek en hy self blykbaar nie oortuig was dat dit nodig was om toe terug te keer nie. Hierdie hele aangeleentheid is aan die Sinode van 1891 voorgelê, wat die optrede van die kommissie goedgekeur het asook besondere dank betuig het aan ds. M. Postma omdat hy sy broer gaan help het. In verband met die werk van ds. Dirk Postma jr. is ’n onbestrede mosie deur die Sinode aanvaar van die volgende inhoud: “Die Sinode bring sy hartlike dank toe aan ds. D. Postma jr. vir die baie belangrike en nuttige werk wat sy eerw. te St. Januario, Humpata, verrig het, sy onvermoeide arbeid en opofferinge in die bediening van die gemeente aldaar en in die vrywillige gee van onderwys aan die kinders van die gemeente.” Hierdie voorstel is geesdriftig aangeneem. Dit moes ongetwyfeld vir ds. Postma ’n versterking gebied het om te sien dat sy werk deur die Gereformeerde Kerk so hoog op prys gestel is. Hierdie gebeurtenis het ongetwyfeld ’n breuk geslaan in die vertroue van die kommissie, veral toe daar na ds. Postma se terugkoms ook geen verdere berigte ontvang is nie en hulle dus genoodsaak was om aan die Sinode te rapporteer dat hulle geen advies kon gee met betrekking tot die voortsetting van hierdie belangrike werk nie. Hulle hoop ewewel dat die saak deur die Sinode in ernstige oorweging geneem sal word en dat daar planne beraam sal word om die arbeid te St. Januario begin, nie te laat vaar nie. Ds. L.P. Vorster se besoek[wysig | wysig bron] Die Sinode het dan ook ernstige aandag geskenk aan hierdie punt, want vir die soveelste keer het ’n krisis ten opsigte hiervan gedreig. Na die bespreking is besluit: “Die Sinode dra die verdere behartiging van die geestelike belange van die gemeente te Humpata op aan die kommissie om te handel na bevind van sake en besluit dat middele verkry kan word deur vrywillige bydraes van die gemeentes en andere.” En toe die voorsitter van hierdie kommissie aan die hand doen dat ’n ander kommissie verkies moes word, kry hy as antwoord van die Sinode: “Daar die bestaande kommissie met alles goed bekend is en die volle vertroue van die Kerk geniet, so vra die Sinode die kommissie om nog aan te bly en voeg as lid by ds. D. Postma jr., vroeëre leraar van Humpata.” As daar dan moontlik ’n krisis in hierdie belangrike werk mag ontstaan het, was die Sinode sekerlik nie bereid om mense daarmee te belas wat nie op die hoogte van sake was nie. Die kommissie het weer met die broeders van St. Januario in verbinding gekom; en nadat oorleg met hulle gepleeg is, het hulle besluit om ’n predikant te stuur om die gemeente te besoek. Ds. L.P. Vorster, predikant van Philipstown, het verlof van sy kerkraad verkry en kon dus daarheen gaan. Met groot liefde en bereidwilligheid het hy die taak op hom geneem en dit gelukkig volbring. Aangesien sy kerkraad sy traktement betaal het gedurende sy afwesigheid, moes ander predikante slegs van tyd tot tyd sy gemeente vir Woord- en Sakramentsbediening besoek. Ds. C.J.H. Vorster se bediening[wysig | wysig bron] Ná sy terugkoms het die kommissie besluit om die kerkraad van St. Januario te nader om te hoor hoeveel die gemeente self sou kon bydra tot die traktement van ’n predikant. Die uitslag hiervan was dat die gemeente vir £150 per jaar ingestaan het. Aan die Sinode van 1894 is hierdie toedrag van sake gerapporteer op 5 April 1894 met die volgende versoek: Die kommissie vra van die eerw. Sinode verlof om so spoedig moontlik ’n leraar te beroep en hom ’n traktement te belowe soos deur die Sinode te bepaal, of om weer ’n leraar na die gemeente te stuur om op die plek self te ondersoek wat die beste vir die gemeente gedoen kan word. Die kommissie het dus kennelik verkies om versigtig te handel voor hulle weer ’n beroep uitbring. Die Sinode het egter volle vertroue in die kommissie gehad en oor hierdie saak net besluit dat die hele aangeleentheid van die stuur van ’n leraar na Humptata heeltemal in die bande van die kommissie gelaat word om te handel na bevind van sake. Nog tydens die sitting van die Sinode het die kommissie vergader en ’n beroep uitgebring op ds. C.J.H. Vorster, predikant van Bethulie. Hiervan is op 12 April 1894 aanvullende rapport gedoen aan die Sinode. Ds. Vorster is beroep om vir drie jaar daarheen te gaan, en sowel sy traktement as sy reisgeld heen en terug is vir hom gewaarborg. Ds. Vorster het die beroep aanvaar en is op 11 Augustus 1894 saam met sy vrou, Hester, weg na Humpata. Daar het hy met groot seën gearbei, en voor die drie jaar verstreke was, het die kerkraad en gemeente van Humpata self tot beroep oorgegaan. Toe die Kommissie sy volgende rapport aan die Sinode opgestel het, in 1897, het hulle ds. Vorster vir die derde maal beroep, en toe was sy antwoord nog nie bekend nie. Terwyl die Sinode in sitting was, is berig ontvang dat ds. Vorster die beroep na Humpata aangeneem het. En toe dit aan die Sinode gerapporteer is, het die kommissie besluit om die Sinode te vra om aan die gemeente Humpata vir drie jaar jaarliks £130 te belowe, asook dat die bedrag van ds. Vorster se terugreis, wat reeds op hande was, aan hom gestuur kon word as sy drie jaar verstryk was, sodat hy ’n besoek aan die Vrystaat kon bring en daarna op koste van die gemeente Humpata terug kon gaan. Die Sinode het besluit om die gedagtes van die kommissie te aanvaar; die kommissie sal ook aan elke kerkraad meld watter eweredige deel elke gemeente vir die drie jaar moes bybring. Verder is besluit om ’n kabelgram van gelukwensing aan ds. Vorster te stuur. Hiermee het die geestelike versorging van die gemeente St. Januario die stadium bereik dat die kerkraad self die voorsiening van ’n herder en leraar oorgeneem het en die Sinode kon volstaan deur slegs hulp te bied. Ds. Vorster het Humpata bearbei tot 1897. Dis nie bekend of hier ’n leraar was voor die koms van ds. Pieter Biewenga in 1903 nie. In sy tyd is die Gereformeerde kerk Que op 26 Mei 1906 gestig nadat ál meer Afrikaners hulle mettertyd noord van Humpata gevestig het en die lidmate van Que, Cubal, Hanha en Catumbela ’n afsonderlike wyk van die gemeente Humpata gevorm het. Ds. Biewenga, wat as leraar van die moedergemeente Humpata sendingwerk onder mak volk gedoen het, is op 28 Mei 1906 as Que se eerste en enigste leraar bevestig. Hy het die gemeente bearbei tot 1926, twee jaar voor dit, nes Humpata, in 1928 ontbind het. Ds. H.P.J. Pasch het in 1908 na Humpata gekom. Hy het hier gearbei tot 1911; weer dus net vir ’n tydperk van drie jaar. Of daarna weer ’n leraar beroep is, is onbekend. Die Gereformeerde Kerke se eie rekords maak net melding van vier predikante in die hele bestaan van Humpata se gemeente: Postma, Vorster, Biewenga en Pasch. Kerkskeuring[wysig | wysig bron] Intussen het dit op ’n kerkraadsvergadering van 6 April 1908 duidelik geblyk die meeste lidmate van Humpata verskil van die Sinode se standpunt oor die sending. Die volgende dag het 118 lidmate amptelik uit die Kerkverband bedank. Die lidmate het nie kans gesien dat ds. Pasch ook vir die mak volk se sendinggemeente preek en een leer elke drie maande die sakramente aan hulle bedien nie. Op 18 April 1908 het 124 lidmate die skriba van die Sinode in kennis gestel hulle onttrek aan die Gereformeerde Kerk omdat hul gevoelens oor die sendingsaak “geheel afwijken van de inzichten de Synode”. Sommige het kort daarna hul bedanking teruggetrek. Die ontevredenes se aansoek om hulp tot die Gereformeerde kerke van Nederland het hierna misluk omdat die kerk hulle uit die Skrif daarop gewys het dat hulle standpunt verkeerd is. Hulle is ook aangeraai om hulle met ds. Pasch te versoen en hul verband met die Kerk in Suid-Afrika, wat hulle met die jare geestelik en geldelik gesteun het, weer op te neem. Die ontevredenes het dié voorstelle verwerp. Nou tree die Nederduitsch Hervormde Kerk tot Angola toe en stig ds. Pieter van Drimmelen op 31 Mei 1910 (of 4 Junie 1910) ’n Hervormde gemeente op Humpata. Nadat ds. Van Drimmelen sy kerk se kerkwet voorgelees het, het 34 mense, op een na almal gesinshoofde, dit onderteken. Op 11 Januarie 1919 is ook die gemeente Mombolo met 14 lidmate deur ds. van Drimmelen gestig. Op sy terugreis na Humpata is hy oorlede. In 1923 het ds. S.J. Strydom van die Hervormde Kerk bevind die verhouding tussen die twee Afrikaanse kerkgenootskappe in Angola was steeds nie na wense nie, hoewel dit beter as net ná die kerkskeuring, toe dit as “ellendig sleg” beskryf is. Teen 1926 was die vroeëre vyandigheid glo iets van die verlede. Gereformeerdes het dienste van Hervormde predikante bygewoon, maar daar was wel Hervormdes wat nooit weer hul voete in ’n Gereformeerde kerk wou sit nie. Net ná die repatriasie van 1928 het daar 16 lidmate van die Hervormde Kerk en 25 gesinne van die Gereformeerde Kerk in Angola oorgebly. Repatriasie[wysig | wysig bron] Die emigrante het mettertyd na talle dele van die Angola versprei en ’n tyd lank ’n taamlik goeie bestaan gevoer. En tog het hulle, nes die oorspronklike aankomelinge, vreemdelinge in ’n vreemde land gebly. Die koms van die spoorweë het hulle ontneem van hul inkomste uit transportryery en die opbrengs van hul jagtogte het mettertyd afgeneem. Die ontwikkeling van grootskaalse plantasies ten koste van kleinskaalse boerdery het ook teen hulle getel. Ook het verhouding met die Portugese owerheid mettertyd versuur omdat die Portugese begin voel het hulle kon sonder die Boere klaarkom by wie hulle al die nodige vaardighede geleer het, soos veeteelt en die skietkuns. Die Sweedse reisiger Peter Möller het dit reeds in 1895/’96 opgemerk, net 15 jaar nadat die Boere hulle hier kom vestig het en meer as 30 jaar voor die byna volledige repatriasie van 1928. Hy het toe al die meeste van die redes uitgesonder waarom hy gemeen het die Afrikaners sou Angola weer verlaat: Die Boere het nooit volle burgerskap geniet nie, hulle kon nie eiendomsreg op hul plase kry nie, Afrikaanse skole is verbied, hulle het gemeen hulle (Protestantse) geloof word bedreig en hulle kon nie meer ’n goeie bestaan voer uit kleinskaalse boerdery, jag en transportry nie. Leiers van die Afrikanergemeenskap het die Uniale regering genader met die versoek om terug te keer na Suid-Afrikaanse grondgebied, meestal die mandaatgebied Suidwes-Afrika. Ná beraadslaging met die administrateur en die Unie se minister van lande, het die regering van genl. J.B.M. Hertzog £500 000 vir die tweede groot trek van die Angola-Boere beloof, dié keer suidwaarts oor die Kunenerivier tot in Suidwes. Van 22 Augustus 1928, toe die eerste groep die Kunene by Swartbooisdrift oorgesteek het waar daar ’n kamp vir hulle opgerig is, tot 27 Februarie 1929 is 1 922 mense, sowat 373 gesinne, na Suidwes-Afrika gerepatrieer. Ook per skip het ’n aantal mense in 1928 en ’29 na Suidwes en Suid-Afrika geëmigreer. Nie al 420 gesinne aan wie treksertifikate uitgereik is, het wel getrek nie. Baie Afrikaners in die noorde van Angola, wat waarskynlik nie van die voorgenome trek geweet het nie, het ook nie sertifikate gekry nie. Die laaste Afrikaners van die repatriasie het Angola in 1930 en ’31 verlaat. Teenstand teen repatriasie[wysig | wysig bron] Die terugkeer van so ’n groot groep Afrikaanssprekendes uit die buiteland, die koste daaraan verbond en die politieke implikasies daarvan, het nie sonder teenstand in die Unie gepaard gegaan nie. Genl. J.B.M. Hertzog het na aanleiding van genl. J.C. Smuts se beskuldiging in die Volksraad dat die regering 'n ernstige fout begaan om die suidwaartse verplasing van so 'n groot aantal blankes te steun, geantwoord dit was die regering se morele plig om die mense te help om 'n heenkome te vind. Dit was volgens genl. Hertzog 'n saak waaroor die regering nie kon beskik nie. N.C. Havenga, minister van finansies, het tydens die leningsbegrotingsdebat bekend gemaak dat £200 000 vir landnedersettings in Suidwes aangewend sou word, waarvan 'n gedeelte vir die vestiging van die Angola-Boere beskikbaar sou wees. Sir Thomas Smartt, Unioniste-Volksraadslid vir kiesafdeling Fort Beaufort, het gevra Havenga moet verduidelik of die totale bedrag wat vir landnedersetting begroot is, die £50 000 ingesluit het wat die Wetgewende Raad van Suidwes-Afrika geweier het en wat die vestiging van die Angola-Boere moontlik sou maak. Volgens Havenga was dit wel die geval, maar hy het verduidelik die teenstand in die Wetgewende Raad van Suidwes-Afrika het net gespruit uit knellende finansiële tekorte. 'n Regeringskommissie van ondersoek insake Suidwes-Afrika het in 1935 in sy verslag te kenne gegee die meeste blankes wat in Suidwes gewoon het, was die vestiging van die Angola-Boere nie goedgesind was nie, eerstens omdat die geweldige uitgawes om in 'n tyd van 'n dreigende depressie so 'n groot aantal nedersetters gevestig te kry, nie as praktiese politiek beskou is nie, en tweedens omdat die boere in Suidwes bevrees was dat, te midde van die ernstige droogte wat toe reeds geheers het, die indringing van die Angola-Boere die toekenning van plase in gevaar kon stel." 'n Regeringsverslag wat in 1936 verskyn het, het bewys dat die skema vir die vestiging van die Angola-Boere veel meer as die oorspronklike bedrag van £50 000 beloop het. 'n Bedrag van £524 000 uit staatsfondse is eindelik vir die skema nodig. Dit was egter duidelik dat die Pakt-regering met sy oorheersende Nasionale Party-element onder die omstandighede geen ander keuse gehad het as om 'n helpende hand na hierdie mense uit te steek nie. Genl. Hertzog het dit trouens as die regering se morele plig beskou. Die instroming van so 'n groot aantal Afrikaanssprekendes het noodwendig ook sy uitwerking op Afrikaans- en Engelssprekende verhoudings in die mandaatgebied gehad. Uit Engelssprekende geledere het dit 'n negatiewe reaksie tot gevolg gehad omdat beweer is dat die regering doelbewus die Afrikaanssprekende element in die land ten koste van die Engelstaliges wou versterk. Die Johannesburgse middagblad The Star het dit soos volg gestel: "However strong the sentiment of sympathy with them may be, the practical fact has to be faced that for half a century they have lived outside South Africa . . . To bring them south would mean importing a large body of people who have never really led a settled life and whom it would be almost impossible to assimilate to modern conditions." Die redakteur van The People, 'n maandblad wat in Johannesburg uitgegee is, was van mening dat die vestiging van die Angola-Boere in Suidwes "is another step towards making South Africa an all-Afrikander country." Die Britsgesinde se ontevredenheid met die regering se optrede om die Afrikaanssprekende Angola-Boer aan 'n heenkome te help, word duidelik weerspieël uit die gesindheid van die redakteur van The People's Weekly. Hy het verklaar dat die regering die belastingbetalers se geld wou gebruik om 'n onwelkome klas blankes wat alleen aan 'n nomadiese swerwerslewe gewoond was, in Suidwes-Afrika te help vestig. "They are not a class of colonist which could be called an asset to any country." Dat hy Afrikaners geensins goedgesind was nie, blyk uit die venynige waarneming: "Unless they have improved upon their historical prototypes (hulle taalgenote in Suid-Afrika) further south they would . . . create trouble with the natives and end by breeding 'poor whites'. We have enough population of that stamp in the Union already, without subsidising the importation of more." Hy het dit beklemtoon dat die Afrikaanssprekende ongeveer 90 persent van die blanke nedersetters op die platteland in Suidwes verteenwoordig het teenoor die skrale 6 persent van nedersetters van Britse afkoms en daarop aangedring dat beter geleenthede ook vir Engelssprekendes geskep word om hulle in Suidwes te vestig. Die redakteur het tot die slotsom gekom dat die ongelyke balans tussen die blanke nedersetters in Suidwes nie net die Hertzog-regering ten laste gelê moes word nie, maar dat die voormalige Smuts-regering ook vir die toedrag van sake verantwoordelik gehou moes word. "It was a scandal under the Smuts Government that while poor Dutch were imported by the trainload the best class of British colonists were refused farms." Benewens die standpunt dat die vestiging van die Angola-Boere 'n versterking van die Afrikaanssprekende element sou meebring, was die verwysing na hierdie Afrikaanssprekendes as armblankes en armlastiges tiperend van 'n gees wat by sommige Suid-Afrikaanse Engelstaliges aan te tref was. Die begrip armblanke is dikwels met die Afrikaanssprekende in verband gebring. "Poor Dutch" het in werklikheid 'n skelwoord geword. Hoewel die grootste deel van die armblankes wel Afrikaanssprekend was, het die onsimpatieke oorbeklemtoning daarvan rassewrywing tussen die twee taalgroepe verskerp. Die vestiging van die Angola-Boere in Suidwes-Afrika was egter nie die enigste gebeurtenis wat die Opposisie aangegryp het om die Regering te beskuldig dat hy doelbewus die Afrikaanssprekende element in die land wou versterk nie. Gedurende 1929 was daar sterk sprake dat ook die Argentynse Boere op staatskoste na Suid-Afrika teruggebring sou word. Engelstaliges in Opposisiegeledere het dadelik hul misnoeë hieroor uitgespreek. "If this type of assisted immigration is to be undertaken, there is no logical reason why it should be confined to former residents in South Africa, or to people of one language and origin." Diegene het aangevoer dat die regering die belastingbetaler se geld misbruik om die Afrikanergetalle in die land aan te vul. Dit sou ook daartoe bydra dat die getal werkloses in die land toeneem. 'n Korrespondent in The Star stel die vraag: "Might I venture to ask what would have been the position if these and the Angola farmers had been English-speaking? Would a finger have been lifted to help them? Decidedly not . . ." Ontwikkelings op die politieke terrein soos die afskaffing van Britse eretitels, die laaste stuiptrekkings van die vlagstryd, die Duitse handelsverdrag wat deur pro-Britsgesinde Suid-Afrikaners aangegryp is as 'n skending van lojaliteit teenoor die Britse Ryk, die beweerde bevoorregting van Afrikaanssprekendes in die staatsdiens, die Regering se tweetaligheidsbeleid, die beweging om die afskalling van provinsiale rade en staatsondersteunde immigrasie om die Afrikaner-element te versterk, het daarop gedui dat rassesentiment met die algemene verkiesing van 1929 'n hoogtepunt sou bereik. L.E. Neame beweer: "The bulk of the British in the Union did not like the sweeping away of titles, and when Hertzog proceeded to abolish most of the preferential tariff given to British goods, and seemed to want to get rid of the Union Jack as well, the old charges of racialism and anti-British prejudices were shout more loudly, and the country entered upon another period of embittered politics." Binne die Suid-Afrikaanse Party het die algemene gevoel geheers dat die rassegevoel in die land alleen aan die Hertzog-regering se anti-Britse beleid gewyt moes word. Die verwagting in hierdie geledere was ook dat die Afrikaner-nasionalis in 1929 by die stembus verslaan sou word. Die teendeel het gebeur. In Suidwes[wysig | wysig bron] Nou het ’n dekade se swaarkry op die Angola-Boere gewag weens droogte, veesiektes en die Groot Depressie. Na raming was ’n derde van die broodwinners nie in die wieg gelê vir die boerdery nie, maar twee derdes het wel ’n sukses van die boerdery kon maak. ’n Groot aantal van die Angola-Boere is op plase in die distrik Gobabis gevestig. Hierdie lidmate van die Gereformeerde Kerk was die fondament waarop die nuwe gemeente van Gobabis, gestig in 1930, gebou is. In Kerk in ’n beter land: Die Kerkverhaal van die Dorsland- en Angolatrekkers 1873-1937 skryf J.M. van Tonder (red.) as volg oor die vestiging van die Afrikaners in dié omgewing: “Die Partikuliere Sinode van die Gereformeerde Kerk Kaapland het op 26 Mei 1930 vir ds. H.S. van Jaarsveld afgevaardig om hierdie lidmate uit Angola en ander uit die Unie van Suid-Afrika te gaan opsoek, kerklik te organiseer en Woord en Sakramente te bedien. Ds. Van Jaarsveld is deur ouderlinge Sarel du Plessis en E.T. Meyer ontmoet. Hulle het na Plaas 412 vertrek, waar ’n groot groep lidmate hulle ingewag het.” Prof. Dr. Jooste skryf in die Gedenkboek van die Dorstandtrek: “Gedurende die eerste week in Junie was ds. Van Jaarsveld besig met belydenis-katkisasie. Op Saterdag 6 Junie 1930 het die stigting van die gemeente van Gobabis (op die plaas Auheib) plaasgevind. Tydens die stigtingsverrigtinge het ds. Van Jaarsveld se toespraak uit Efesiërs 2:19-22 gekom: ‘So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God, gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is, in wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys tot ’n heilige tempel in die Here, in wie julle ook saam opgebou word tot ’n woning van God in die Gees.’ “Op 6 Junie 1930 het al die kerksraadslede uit Angola byeengekom om sake te reël vir die stigting van ’n gemeente, wat toe goedgekeur is. Daar kom ’n emosionele oomblik toe die laaste notule van Humpata, Angola, gelees is en deur daardie kerkraadslede goedgekeur en geteken is. Die verkryging van grond is bespreek en die Humpata-kerkraad sou voorlopig aanbly tot na die stigting. ’n Brief sou ook aan lidmate in Ghanzi (Botswana) gestuur word omdat Gobabis vir hulle die naaste Gereformeerde gemeente was. Op Saterdag 7 Junie 1930 (die gemeente Gobabis se stigtingsdatum) is al die Gereformeerdes byeen op die plaas Helew 408, by die huis van P.C. Akkerman, waar seile gespan is. Daar was 364 belydende lidmate en 462 dooplidmate, altesaam 826. Die te stigte gemeente sal wees die Gereformeerde gemeente Gobabis S.W.A. Ds. Van Jaarsveld, die voorsitter, verduidelik aan die gemeente dat die bestaande kerkraad van Angola nou ontbind en dat ’n nuwe kerkraad verkies moet word. Met geslote stembriefies is die kerkraad toe verkies. Hulle sou tydens die voorbereidingsdiens bevestig word. Daar is ook, soos in Angola, ’n beesfonds gestig en elkeen is versoek om na vermoë by te dra.” Ook in 1930 is die gemeentes Aranos en Outjo gestig, aangesien die distrik Gideon (aan die Nossobrivier) en die distrik Outjo die ander twee vernaamste nedersettingsgebiede van die teruggekeerde Afrikaners was. Predikante[wysig | wysig bron] - Dirk Postma jr., 1889 - 1890 - Casper Jan Hendrik Vorster, 1894 - 1897 - Pieter Biewenga, 1903 - 1906, en Que 1906 - 1926 - Hendricus Philippus Josephus Pasch, 1908 - 1911 Bronne[wysig | wysig bron] - ( ) Krüger, prof. D.W. en Beyers, C.J. (hoofred.). 1977. Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek Deel III. Kaapstad: Tafelberg-Uitgewers. - ( ) Jooste, prof. dr. J.P.: “Oorsig van die geskiedenis van die Gereformeerde Kerk Burgersdorp”. In: Die Gereformeerde Kerk, Burgersdorp. Gedenkalbum by geleentheid van die Eeufees 22-24 Januarie 1960. Burgersdorp: Kerkraad van die Gereformeerde kerk. - ( Jooste, prof. dr. J.P. (1959). Die Geskiedenis van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika 1859-1959. Potchefstroom: Administratiewe Buro van die Gereformeerde Kerk. ) - ( Le Roux, dr. J.H. en Cetzer, P.W. 1980. Die Nasionale Party, deel 2. Bloemfontein: Instituut vir Eietydse Geskiedenis. ) - ( Potgieter, D.J. (red.) 1972. ) Standard Encyclopaedia of Southern Africa. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery Beperk. - ( ) Stassen, Nicol. 2009. Afrikaners in Angola 1928-1975. Pretoria: Protea Boekhuis. - ( Swart, dr. M.J. (voorsitter redaksiekomitee). 1980. Afrikaanse kultuuralmanak. Aucklandpark: Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge. ) - ( Viljoen, Lood (voorsitter). 2005. 75-jarige feesvieringe van die Gereformeerde kerk Gobabis 1930-2005. Gobabis: Gereformeerde Kerkraad. ) - ( Vogel, ds. Willem. 2013. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2014. Potchefstroom: Administratiewe Buro. ) Verwysings[wysig | wysig bron] - ( ) Stassen, Nicol (2009). Afrikaners in Angola 1928-1975. Pretoria: Protea Boekhuis. Eksterne skakels[wysig | wysig bron] - ( ) Besonderhede oor die plaas Gamkarab waarheen die Angola-Boere gebring is nadat hulle in 1928 gerepatrieer is. URL besoek op 14 Februarie 2015.
<urn:uuid:30da113a-567d-419c-bb8a-5d6d350097e1>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Gereformeerde_kerk_Humpata
2019-07-21T00:21:23Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526799.4/warc/CC-MAIN-20190720235054-20190721021054-00087.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
1
false
Kranspoort Jump to navigation Jump to search Kranspoort | | Kranspoort se ligging in Limpopo Koördinate: Koördinate: | | Land | Suid-Afrika | ---|---| Provinsie | Limpopo | Distrik | Vhembe | Munisipaliteit | Makhado | Poskode (posbusse) | 1080 | Kranspoort was 'n sendingstasie van die Nederduitse Gereformeerde Kerk sedert die vroeë 1900s.
<urn:uuid:1fdfe5d3-5e61-443d-b49b-dc2d11a3b7fa>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kranspoort
2019-07-23T11:30:07Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529276.65/warc/CC-MAIN-20190723105707-20190723131707-00407.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.966405
false
Hulp Bladsye wat na "Genotipe" skakel ← Genotipe Jump to navigation Jump to search Skakels hierheen Bladsy: Naamruimte: alle (Hoof) Bespreking Gebruiker Gebruikerbespreking Wikipedia Wikipediabespreking Lêer Lêerbespreking MediaWiki MediaWikibespreking Sjabloon Sjabloonbespreking Hulp Hulpbespreking Kategorie Kategoriebespreking Portaal Portaalbespreking Module Module talk Gadget Gadget talk Gadget definition Gadget definition talk Omgekeerde seleksie Filters Versteek insluitings | Versteek skakels | Versteek aansture Die volgende bladsye skakel na Genotipe : Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). Spermsel ( ← skakels wysig ) Gebruiker:Burgert Behr/Plantkunde ( ← skakels wysig ) Hibried ( ← skakels wysig ) Fenotipe ( ← skakels wysig ) Koraal ( ← skakels wysig ) Inleiding tot die genetika ( ← skakels wysig ) Genetiese veranderlikheid ( ← skakels wysig ) Empirisme ( ← skakels wysig ) Bespreking:Genotipe ( ← skakels wysig ) Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Genotipe " Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Gereedskap Spesiale bladsye Drukbare weergawe Ander tale Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:84e0bb43-8d3d-41d3-85cc-bf85e9080616>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Genotipe
2019-07-23T11:20:24Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529276.65/warc/CC-MAIN-20190723105707-20190723131707-00407.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.997863
false
Areopagosrede Die Areopagosrede verwys na 'n preek wat deur die apostel Paulus in Athene gelewer is, by die Areopagos, en wat in Handelinge 17:16-34 beskrywe word.[1][2] Die Areopagospreek is een van die mees dramatiese en mees volledige van die toesprake in die sendingloopbaan van Paulus van Tarsus, en volg op 'n korter toespraak in Lystra (kyk Handelinge 14:15-17).[3] Geskiedenis[wysig | wysig bron] Die aanleiding vir die preek was dat Paulus verontwaardig gevoel het by aanskoue van Athene wat vol afgodsdiens was, en dan die sinagoge en markplek besoek het om te preek oor die opstanding van Jesus. Sekere Grieke het hom na 'n ontmoeting by die Areopagos geneem, die hoë appèlhof in Athene, om sy standpunt te verduidelik. Areopagos het letterlik rots van Ares beteken, en was in die midde van tempels, kultuurgeriewe, en die appèlhof geleë. Dit was teen die wet om 'n vreemde godheid in Athene te verkondig, en daarom was Paulus se preek in werklikheid 'n kombinasie van 'n "gastoespraak" en 'n verhoor.[4] Die preek het vyf hoofsake aangeraak:[3] - Inleiding: Bespreking van die onkundigheid van die heidense aanbidding (verse 23-24) - Die een Skeppergod as die objek van aanbidding (verse 25-26) - Die aard van God se betrokkenheid by die mensheid (verse 26-27) - Afgode van goud, silwer en klip as objekte van valse verering (verse 28-29) - Slotsom: Die tyd van onkundigheid het ten einde geloop (verse 30-31) Paulus begin sy rede deur te beklemtoon dat dit nodig is om God te ken, eerder as om die onbekende te aanbid: "Want terwyl ek rondgegaan en julle heiligdomme aanskou het, het ek ook 'n altaar gevind waarop geskrywe is: AAN 'N ONBEKENDE GOD.[5] Hom dan wat julle vereer sonder om Hom te ken, verkondig ek aan julle." Volgens Handelinge van die Apostels het enige van die aanhoorders na die preek navolgers van Paulus geword. Dit het 'n vrou met die naam Damaris, en Dionysius, 'n raadslid van die Areopagos ingesluit. Laasgenoemde is al aan Dionysius die Areopagiet gelyk gestel, maar dit mag op historiese verwarring berus.[4] In die 20ste eeu, het Pous Johannes Paulus II die moderne media geskilder as die Nuwe Areopagos, waar Christenidees opnuut verduidelik en verdedig moet word, teen ongeloof en afgode van goud en silwer.[6] Verwysings[wysig | wysig bron] - Christianity: an introduction by Alister E. McGrath 2006 ISBN 1-4051-0901-7, bladsye 137-141 - Theology of the New Testament deur Udo Schnelle (1 November 2009) ISBN 0801036046, bladsy 477 - Mercer Commentary on the New Testament deur Watson E. Mills 2003 ISBN 0-86554-864-1, bladsye 1109-1110 - Paul: A Brief History by Robert Paul Seesengood 2010 ISBN 1-4051-7890-6, bladsy 120. - ΑΓΝΩΣΤΩ ΘΕΩ, d.w.s. Agnostos Theos - Consuming religion: Christian faith and practice in a consumer culture deur Vincent J. Miller 2005 ISBN 0-8264-1749-3, bladsy 99
<urn:uuid:85d282c0-3675-4584-a4ab-e685ff5bdf76>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Areopagosrede
2019-07-16T02:28:08Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524475.48/warc/CC-MAIN-20190716015213-20190716041213-00031.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999941
false
Kategorie:Dominica Jump to navigation Jump to search Wikimedia Commons bevat media in verband met Dominica. | Wikimedia Commons bevat media in verband met Dominica. | Subkategorieë Hierdie kategorie bevat die volgende 2 subkategorië, uit 'n totaal van 2.
<urn:uuid:e96bc452-bc8e-4086-a977-8cadd1a9c273>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Dominica
2019-07-16T02:41:42Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524475.48/warc/CC-MAIN-20190716015213-20190716041213-00031.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.876772
false
Kategorie:Skynwetenskappe Jump to navigation Jump to search Wikimedia Commons bevat media in verband met Pseudoscience. | Subkategorieë Hierdie kategorie bevat die volgende 2 subkategorië, uit 'n totaal van 2. Bladsye in kategorie "Skynwetenskappe" Die volgende 16 bladsye is in hierdie kategorie, uit 'n totaal van 16.
<urn:uuid:619ae7e5-c996-4424-a929-5705bccd733c>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Skynwetenskappe
2019-07-16T02:23:09Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524475.48/warc/CC-MAIN-20190716015213-20190716041213-00031.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.997599
false
Moerasruiter Die Moerasruiter (Tringa stagnatilis) is 'n algemene somertrekvoël wat by kus- en watermassas voorkom en klein getalle oorwinter. Die streekbevolking is moontlik 10,000 voëls. Die voël is 22 – 26 cm lank, 55 - 95 g groot met 'n vlerkspan van 56 cm. In Engels staan die voël bekend as die Marsh Sandpiper. Moerasruiter | |||||||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| 'n Moerasruiter in sy wintervere. | |||||||||||||||| Bewaringstatus | |||||||||||||||| Wetenskaplike klassifikasie | |||||||||||||||| Binomiale naam | |||||||||||||||| Tringa stagnatilis (Bechstein, 1803) | Inhoud FotogaleryWysig Sien ookWysig Wikimedia Commons bevat media in verband met Tringa stagnatilis. | BronWysig VerwysingsWysig - BirdLife International (2012). "Tringa stagnatilis". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.
<urn:uuid:e74d9daf-0c5e-44af-b490-1144cdee2c30>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Moerasruiter
2019-07-21T00:29:49Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526799.4/warc/CC-MAIN-20190720235054-20190721021054-00111.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.991684
false
Boekbronne Biblioteke Suid-Afrika: - Soek die boek in die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika se katalogus - Soek die boek in die SEALS Konsortium se biblioteek - Soek die boek in die Universiteit van Suid-Afrika se biblioteek - Soek die boek in die Universiteit van die Witwatersrand se biblioteek - Soek die boek in die Kaapse Hoër Onderwys Konsortium se biblioteek Wêreldwyd: - Soek die boek deur WorldCat in jou plaaslike biblioteek se katalogus Boekwinkels Suid-Afrika: Ander lande:
<urn:uuid:020f3b1a-4099-490d-b4b0-e36fd464148d>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Boekbronne/9780226142814
2019-07-21T00:52:55Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526799.4/warc/CC-MAIN-20190720235054-20190721021054-00111.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999966
false
Bespreking:Thabong Jump to navigation Jump to search Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Thabong-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. | Artikelriglyne Daaglikse bladtrekke | |
<urn:uuid:0e299784-8b32-45fe-9f7e-70522932e0eb>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Thabong
2019-07-17T06:56:59Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525094.53/warc/CC-MAIN-20190717061451-20190717083451-00215.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999985
false
Lucille McVey Jump to navigation Jump to search Lucille McVey | | Geboorte | 18 April 1890 | ---|---| Nasionaliteit | Amerikaans | Sterfte | 3 November 1925 (op 35) | Beroep(e) | Aktrise, skryfster, en regisseuse | Internet-rolprentdatabasis-profiel | Lucille McVey (18 April 1890 – 3 November 1925) was 'n Amerikaanse aktrise, skryfster, en regisseuse. Sy was bekend vir haar rolle in die rolprente Pay Day (1918) en The Charming Mrs. Chase (1920). Filmografie[wysig | wysig bron] Rolprente[wysig | wysig bron] - 1914: A Florida Enchantment - 1915: Playing Dead - 1917: Her First Love - 1918: Pay Day - 1919: A Gay Old Dog - 1920: The Charming Mrs. Chase - 1921: Cousin Kate
<urn:uuid:76ef4688-ac36-4ba7-9874-94176c1890e9>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Lucille_McVey
2019-07-17T06:48:03Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525094.53/warc/CC-MAIN-20190717061451-20190717083451-00215.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.990001
false
Seyfert se Sekstet Seyfert se Sekstet | | ---|---| Soort | Sterrestelselgroep | Sterrebeeld | Slang | Waarnemingsdata (Epog J2000) | | Regte klimming | 15h 59m 11.9s | Deklinasie | +20° 45′ 31″ | Helderste stelsel | NGC 6027 | Aantal stelsels | 4 | Ander name | | Serpens-sekstet, HCG 79, UGC 10116 VV 115, VII Zw 631 | | Portaal Sterrekunde | Seyfert se Sekstet is ’n sterrestelselgroep sowat 190 miljoen ligjare van die Aarde af[1] in die sterrebeeld Slang. Dit lyk of die groep uit ses sterrestelsels bestaan, maar een is ’n agtergrondvoorwerp en nog ’n "stelsel" is eintlik deel van een van die ander sterrestelsels. Die swaartekrag-wisselwerking tussen hierdie stelsels behoort nog honderdmiljoene jare voort te duur. Eindelik sal hulle saamsmelt om een, reusagtige elliptiese sterrestelsel te vorm. Ontdekking[wysig | wysig bron] Die groep is deur Carl Keenan Seyfert ontdek op fotografiese plate wat by die Barnard-sterrewag van die Vanderbilt-universiteit in Tennessee, VSA, gemaak is. Toe die resultate in 1951 die eerste keer gepubliseer is, was dit die mees kompakte groep sterrestelsels wat nog waargeneem is.[2] Lede[wysig | wysig bron] Naam | Tipe | Afstand van die Son af (in miljoen ligjare) | Magnitude | ---|---|---|---| NGC 6027 | S0 pec. | ~190 | +14,7 | NGC 6027a | Sa pec. | ~190 | +15,4 | NGC 6027b | S0 pec. | ~190 | +15,4 | NGC 6027c | SB(S)c | ~190 | +16 | NGC 6027d | SB(S)bc pec. | ~877[3] | +15,6 | NGC 6027e | SB0 pec. | ~190 | +16,5 | Sien ook[wysig | wysig bron] Verwysings[wysig | wysig bron] - http://hubblesite.org/newscenter/archive/releases/2002/22/image/a/ - C. K. Seyfert (1951). “A Dense Group of Galaxies in Serpens”. Publications of the Astronomical Society of the Pacific 371: 72–75. doi:10.1086/126319. - "NASA/IPAC Extragalactic Database". Results for NGC 6027d. Besoek op 2013-04-02. Eksterne skakels[wysig | wysig bron] - ASAHI Net Free Address Service: Seyfert se Sekstet - NASA APOD: Seyfert se Sekstet - SEDS: Seyfert se Sekstet - Seyfert se Sekstet op WikiSky: DSS2, SDSS, GALEX, IRAS, Hydrogen α, X-Ray, Astrophoto, Sky Map, Artikels en foto's - Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
<urn:uuid:25b7e9df-545a-4c13-aa83-2b4529f22492>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Seyfert_se_Sekstet
2019-07-17T06:47:53Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525094.53/warc/CC-MAIN-20190717061451-20190717083451-00215.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.997526
false
Vespasianus Vespasianus | | ---|---| 9de Keiser van die Romeinse Ryk | | Titus Flavius Vespasianus I. Regeer | 1 Julie 69 – 23 Junie 79 (vir 9 jare en 358 dae) | Volle naam | Titus Flavius Caesar Vespasianus Augustus | Gebore | 17 November 9; Falacrina, Italië | Oorlede | 23 Junie 79; Rome, Romeinse Ryk (op 69) | Begrawe | Rome | Voorganger | Vitellius | Opvolger | Titus | Adellike huis | Flaviaanse dinastie | Vader | Titus Flavius Sabinus I | Moeder | Vespasia Polla | Eggenote | Domitilla die ouere Caenis | Kinders | Titus Domitian Domitilla die jongere | In die jaar 69 na Christus het 'n ommekeer in die Romeinse Ryk plaasgevind. Dít het bekend gestaan as die Jaar van vier keisers. Na die dood van Nero, die laaste keiser van die Julies-Claudiese geslagslyn, het 'n aantal aanspraakmakers om die troon gestry. Die nuwe Romeinse keiser was uiteindelik Vespasianus, soldaat en man van die volk. Na Gaius (Caligula) en Nero was die aansien van die keiser nie baie groot nie. Om sy posisie onder die volk te versterk het Vespasianus begin bou aan die Colosseum, 'n enorme skouburg wat vyftigduisend toeskouers kon huisves.
<urn:uuid:8f714607-01ce-40d1-8006-33c42c47e2ca>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Titus_Flavius_Vespasianus_I
2019-07-17T06:41:40Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525094.53/warc/CC-MAIN-20190717061451-20190717083451-00215.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99994
false
Hierdie kategorie bevat die volgende 2 subkategorië, uit 'n totaal van 2. Hierdie kategorie bevat slegs die volgende bladsy.
<urn:uuid:80f4f85f-804e-4012-a97e-a72eb14c974f>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:1889
2019-07-21T00:38:04Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526799.4/warc/CC-MAIN-20190720235054-20190721021054-00135.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999958
false
Swahili Swahili Kiswahili | || ---|---|---| Gepraat in: | Burundi Comore-eilande Demokratiese Republiek van die Kongo Kenia Madagaskar Malawi Mayotte Mosambiek Somalië Rwanda Tanzanië Uganda Zambië | | Gebied: | Oos-Afrika | | Totale sprekers: | 5 (2007) tot 16 miljoen (moedertaal, 2012)[1] 150+ miljoen (tweede taal)[2] | | Taalfamilie: | Niger-Kongo Atlanties-Kongo Volta-Kongo Benue-Kongo Bantoid Suidelike Bantoid Bantoetale Noordoos-Kus-Bantoe Sabaki Swahili | | Skrifstelsel: | Latynse alfabet Arabiese alfabet | | Amptelike status | || Amptelike taal in: | Afrika-unie Kenia Demokratiese Republiek van die Kongo (nasionale taal)[3][4] Rwanda Tanzanië Uganda | | Gereguleer deur: | Baraza la Kiswahili la Taifa (Tanzanië) Chama cha Kiswahili cha Taifa (Kenia) | | Taalkodes | || ISO 639-1: | sw | | ISO 639-2: | swa | | ISO 639-3: | swa | | Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. | Swahili (Kiswahili) is 'n taal wat gepraat word in Oos-Afrika en behoort tot die Bantoetaalfamilie. Meer as 150 miljoen mense praat Swahili, maar slegs 5-15 miljoen hiervan is moedertaalsprekers.[5] Swahili is ná Arabies, Frans en Engels die belangrikste taal in Afrika. Swahili het 'n lingua franca geword in groot dele van Oos-Afrika rondom die Groot Mere van Afrika en die Demokratiese Republiek van die Kongo.[6][7][8][9] Dit is die amptelike taal van Kenia, die Demokratiese Republiek van die Kongo, Rwanda, Tanzanië en Uganda en ook 'n amptelike taal van die Afrika-unie. Swahili word by die groot universiteite van die wêreld aangebied, en verskeie media-organisasies het programme in Swahili. Swahili as voertaal[wysig | wysig bron] Swahili het langs die kus van Oos-Afrika ontwikkel voor die koms van die Europeërs en het saam met die handel na die binneland uitgebrei. Duits was maar net 'n paar dekades 'n koloniale (staats)taal in Afrika, en bowendien in gebiede wat reeds 'n lingua franca gehad het – vernaamlik Swahili in Duits-Oos-Afrika. Omdat dit reeds 'n lingua franca (as gevolg van die handel) onder die stamme was, het die sendelinge en later die Duitse administrasie dit steeds as die algemene taal gebruik, ook vir die bekering tot die Christendom. Swahili is wel ontislamitiseer deur die skrifstelsel uit Arabies na Latyn oor te dra, en Arabiese leenwoorde is (met weinig sukses) uitgewer (en met Bantoewoorde gevul). Duits kon dus nie veel uitbrei nie. Om beter bruikbaarheid het die Duitsers ook 'n meer eenvormige grammatika aangemoedig. Teen die einde van die koloniale era is Swahili in Oos-Afrika sterker gevestig as voor die Europese besetting (en slegs twee Duitse woorde het ingang gevind: Shule (skool) en hela (geld, afgelei van die Duitse woord Heller). In die beginjare 1980 was dit een van die lewenskragtigste tale in die gebied.[10][11] Volgens Steyn het die opkoms van Afrika-nasionalisme nêrens gelei tot soortgelyke klassieke taalbewegings in die negentiende eeu en twintigste eeu in Europa en sommige Asiatiese lande nie. Leiers soos Jomo Kenyatta (Kenia) en veral Julius Nyerere (Tanzanië) het wel Swahili in hul lande bevorder, maar nie omdat hulle so danig vir dié taal omgegee het nie. Swahili was reeds 'n algemeen bekende taal, en kon daarmee as 'n moontlike simbool of samebindingsmiddel van hul identiteit as vrye nasie dien. Terselfdertyd was Swahili neutraal genoeg om nie etniese konflik te veroorsaak nie. Swahili was nie een van die twee leiers se moedertaal nie. Daar was geen sprake van taalgetrouheid nie, maar eerder 'n politieke skuif van politici om 'n "neutrale" taal te verhef om die staatkundige eenheid van die land uit te bou.[10] Op 4 Julie 1974 het pres. Jomo Kenyatta besluit dat Swahili die enigste taal moet wees wat in die Keniaanse parlement gebruik mag word, as die nasionale taal. Dit was glad nie verrassende nuus nie, want reeds in die 1960's is daar geluide van dié aard gemaak. So is op 1 September 1969 in die Daily Nation geskryf: We are soon going to use Swahili in Parliament, whether people like it or not. Maar wetswysigings is gemaak om naas Engels te funksioneer toe die vraag begin ontstaan hoe Swahili so spoedig moontlik internasionale konsepte moet omskryf in die opstel van wetgewings. Dit was ook nie verbasend dat in 1969 besluit is om alle sakebedrywighede van die Nasionale Vergadering voortaan in Engels te doen nie. Hierdie besluit is om "praktiese reëlings" gedoen.[12] Toe die party aan die mag (KANU) in 1970 aankondig om radikale veranderinge in die taalbeleid om Swahili onder individue en institute te bevorder, was die algemene mening dat daar absoluut dadels van sou kom.[12] Die party het probeer beïndruk met stellings soos dat 'alle Keniane voortaan ter alle tye met landsburgers of buitelanders in Swahili sal praat in amptelike, nie-amptelike, politieke of sosiale hoedanigheid'. In die tweede fase sou die president, ministers en regeringsbeamptes met almal in Swahili praat. Waar nodig, sou 'n tolk ingeroep word. Die res van die 1970-voorstel was realistieser, soos dat kandidate in die politieke amp nie minder as 10 minute met 'n groep mense in Swahili moes praat nie. Alle amptenare van die staat, asook in die diplomatieke diens, moes die geskrewe en mondelingse toetse in Swahili slaag. Heel terloops is ook genoem dat meer aandag aan Swahili as Engels in die skoolleerplan gegee sal word. Dit sou 'n ommeswaai sedert die onafhanklikheidsjaar wees, want teen 1970 was Engels reeds die voertaal in die meerderheid skole in Kenia.[12] In die praktyk het Swahili as die enigste parlementstaal in Kenia nie langer as 5 jaar gehou nie:[12] - Kenyatta het aangevoer dat 'n nasie sonder kultuur dood is, en Swahili daarom as die nasionale taal aangewys moet word. In 'n land met verskeie etniese volke, waarvan die Swahili 'n baie klein minderheid was, is die politieke intensie eerder as die kulturele intensie belig. Dit was ook geen waarborg om nasionale eenheid tot stand te bring onder die volke nie. - Die swart elite het reeds Engels as hul voorkeurtaal geniet – Swahili is beskou as die taal van die volk/plebs/menigte. - Swahili, wat beskou is as 'n niemandstaal (soos Engels), was aansienlik minder in die Keniaanse binneland en platteland binnegedring as Engels. Kikuyu was daarby die taal in en rondom die hoofstad Nairobi, wat ver verwyderd is van die Tanzaniese kusgebied, wat Swahili se eintlike tuiste is. Dit sou ook nie help om 'n ander kulturele taal van die land "voor te trek" nie, want dit sou stamgevegte ontlok. Baie politieke leiers se taal en etnisiteit word deur hul kiesers vooropgestel en daarom ondersteun. - Swahili is vereenselwig met die Islam-kultuur, terwyl die Keniane hoofsaaklik Christene was. - Diegene wat wel Swahili geleer het, se taalgebruik was onnatuurlik en swak (veral wat betref vertalings uit Engels in Swahili). Daar het reeds 'n bo-Swahili-dialek begin ontstaan wat afwykend was van die "suiwerder" benede-Swahili in Dar-es-Salaam. Swahili is as politieke taal in die inheemse taalgebied ontwikkel deur sy moedertaalsprekers – nie tweedetaalsprekers nie. Tog was die moedertaalsprekers baie laissez-faire en tegemoetkomend teenoor die tweedetaalsprekers en oor die aangeleentheid: "wat kan ons in elk geval daaraan doen?" - Afgesien van die emosie en solidariteit wat met Swahili gepaardgaan, het Swahili as hoëfunksietaal in Tanzanië self ook nie nuwe terreine ingepalm nie; slegs 'n merkbare uitbreiding in gebiede wat dit wel reeds gevul en beklee het. Daar was geen merkbare deurbraak in die gebiede waar Engels reeds gebruik is nie. - Meer geld sou aangewend moes word vir die ontwikkeling van Swahili. In Kenia verloop sake soos volg: Sommige parlementslede het nooit aan 'n debat deelgeneem nie, omdat hulle nie Swahili kon praat nie. Die staatskoerant, wetsontwerpe en begroting is wel nog in Engels gepubliseer. In Mei 1979 het die regering besluit om Engels maar weer in die parlement toe te laat.[10] In Tanzanië (waar die geskiedenis as kortstondige Engelse kolonie ook anders verloop het) het die regering van Pres. Jakaya Kikwete vroeg in 2015 aangekondig dat Swahili ook binnekort as voertaal by hoërskole deurgevoer gaan word: Engels as vreemde taal is eenvoudig net te volksvreemd om Tanzaniërs in te onderrig, al is dit dan ook 'n belangrike sake- en wêreldtaal. Die vooruitsigte lyk ook belowend: uit al die 120 verskillende tale in die gebied kan byna alle Tanzaniërs van kleins af Swahili praat, selfs wanneer hulle met 'n ander moedertaal grootword.[13][14] In Februarie 2017 het Swahili Rwanda se vierde amptelike taal geword, saam met Engels, Frans en Kinyarwanda.[15][16] Daarbenewens vorm Swahili saam Kongo, Lingala en Luba-Kasai die nasionale tale van die Demokratiese Republiek van die Kongo,[17] naas die amptelike taal Frans. Sien ook[wysig | wysig bron] Verwysings[wysig | wysig bron] - ( ) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Swahili". Ethnologue. Besoek op 17 Januarie 2019. - ( ) "HOME – Home". Swahililanguage.stanford.edu. Besoek op 22 Januarie 2016. - ( ) "The Constitution of the Democratic Republic of the Congo, 2005" (PDF). constitutionnet.org. Besoek op 17 Januarie 2019. - ( ) "Congo-Kinshasa". Universiteit van Laval. Besoek op 17 Januarie 2019. - ( L Marten, "Swahili", Encyclopedia of Language and Linguistics, 2de uitgawe, 2005, Elsevier ) - ( ) Ethnologue list of countries where Swahili is spoken - ( Thomas J. Hinnebusch, 1992, "Swahili", International Encyclopedia of Linguistics, Oxford, bl. 99–106 ) - ( David Dalby, 1999/2000, The Linguasphere Register of the World's Languages and Speech Communities, Linguasphere Press, Volume Two, bl. 733–735 ) - ( Benji Wald, 1994, "Sub-Saharan Africa", Atlas of the World's Languages, Routledge, bl. 289–346, maps 80, 81, 85 ) - ( Steyn, J.C. 1980. Tuiste in eie taal. Kaapstad:Tafelberg. bl. 39, 40, 182, 363, 364 & 370 ) - ( ) Fonelisco-Verein.de : Swahili - ( Harries, I. 1978. The Nationalisation of Swahili in Kenya. In: Kennedy, C. (ed.). Language planning and language education. London: George Allen & Unwin. bl. 118-128. ) - ( ) Pfaff, I. 2015. Lieber Swahili als Englisch. Süddeutsche Zeitung, 20 Augustus - ( ) Pfaff, I. 2015. Wie verschafft man den Kindern Zugang zur "Sprache der Macht"? Süddeutsche Zeitung, 20 Augustus - ( ) "MPs approve law making Swahili official language". The New Times. 9 Februarie 2017. Besoek op 17 Januarie 2019. - ( ) "Rwanda moves to make Swahili its fourth official language". Africa News. 10 Februarie 2017. Besoek op 17 Januarie 2019. - ( ) "Tshiluba". Omniglot. Besoek op 17 Januarie 2019. - ( ) "Teaching Swahili in SA schools a major triumph". Sowetan Live. 23 September 2018. Besoek op 18 Februarie 2019. - ( ) "South Africa embraces Swahili". Deutsche Welle. 3 Oktober 2018. Besoek op 18 Februarie 2019. - ( ) "Teaching Kiswahili will be a boon for South Africa's schools and society". Quartz Africa. 5 Oktober 2018. Besoek op 18 Februarie 2019. Eksterne skakels[wysig | wysig bron] - Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Swahili. - ( ) Kamusi Project – Internet Living Swahili Dictionary
<urn:uuid:d7a21fa7-7712-418e-b886-11eb8d10dcd8>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Swahili
2019-07-23T11:29:55Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529276.65/warc/CC-MAIN-20190723105707-20190723131707-00455.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99961
false
2001-Drienasiesreeks Jump to navigation Jump to search Datums | 21 Julie - 1 September | ---|---| Kampioen | Australië (2 titels) | Wedstryde gespeel | 6 | Drieë gedruk | 13 (2.17 per wedstryd) | ← 2000 2002 → | | Uitslae[wysig | wysig bron] Nasie | Wedstryde | Punte | Bonuspunte | Ligapunte | |||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Speel | Wen | Gelyk | Verloor | Vir | Teen | Verskil | |||| 1 | Australië | 4 | 2 | 1 | 1 | 81 | 75 | +6 | 1 | 11 | 2 | Nieu-Seeland | 4 | 2 | 0 | 2 | 79 | 70 | +9 | 1 | 9 | 3 | Suid-Afrika | 4 | 1 | 1 | 2 | 52 | 67 | -15 | 0 | 6 | - Lyn in ongenommerde lys
<urn:uuid:0ab83a2a-1bf1-46d2-8849-d9b2e382d58e>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/2001-Drienasiesreeks
2019-07-16T02:20:56Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524475.48/warc/CC-MAIN-20190716015213-20190716041213-00079.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.914661
false
Ed Grady Jump to navigation Jump to search Ed Grady | | Nasionaliteit | Amerikaans | ---|---| Kinders | Marta en Sean | Beroep(e) | Akteur | Internet-rolprentdatabasis-profiel | Ed Grady (31 Augustus 1923 – 10 Desember 2012) was 'n Amerikaanse akteur. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente Not Without My Daughter (1991), A Simple Twist of Fate (1994), Lolita (1997), en The Notebook (2004). Filmografie[wysig | wysig bron] Rolprente[wysig | wysig bron] - 1979: Wolfman - 1984: The Last Game - 1991: Not Without My Daughter - 1994: A Simple Twist of Fate - 1996: The Closest Thing to Heaven - 1997: Lolita - 2004: The Notebook
<urn:uuid:e3c9b338-2313-46e1-9693-47fa91956980>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Ed_Grady
2019-07-18T11:16:29Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525627.38/warc/CC-MAIN-20190718104512-20190718130512-00399.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.968438
false
Springboontjie Springboontjie | |||||||||||||||||||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Bewaringstatus | |||||||||||||||||||||||||||| Wetenskaplike klassifikasie | |||||||||||||||||||||||||||| Binomiale naam | |||||||||||||||||||||||||||| Centropyge acanthops (Norman, 1922) | Die Springboontjie (Centropyge acanthops) is 'n vis wat voorkom in die westelike Indiese Oseaan en aan die ooskus van Suid-Afrika vanaf Oman tot by Algoabaai. In Suid-Afrika staan die vis bekend as die Jumping bean en globaal as die Orangeback angelfish. Voorkoms[wysig | wysig bron] Die anale vin en die grootste gedeelte van die liggaam is donkerblou en die kop, bors, dorsale vin en boonste gedeelte van die liggaam is oranje-geel. Daar is 'n blou ring rondom die oog. Die vis word net 8 cm groot. Habitat[wysig | wysig bron] Sien ook[wysig | wysig bron] - Alfabetiese lys van visse - Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name - Lys van varswater visfamilies - Lys van visfamilies Bron[wysig | wysig bron] - Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7
<urn:uuid:5738daea-77e5-4b7c-9a62-89c3aad35c60>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Springboontjie
2019-07-18T11:22:36Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525627.38/warc/CC-MAIN-20190718104512-20190718130512-00399.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99076
false
Bespreking:Wynberg, Johannesburg Jump to navigation Jump to search Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Wynberg, Johannesburg-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. | Artikelriglyne Daaglikse bladtrekke | |
<urn:uuid:33a7cde2-22e5-4a83-bc32-ecadd20e62cf>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Wynberg,_Johannesburg
2019-07-21T00:59:47Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526799.4/warc/CC-MAIN-20190720235054-20190721021054-00159.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999971
false
Nasionale Selfmoord van Xhosas Nongquase[wysig | wysig bron] Sy is gebore in die Kentani-distrik en is deur haar toordokteroom, Mhlakaza, grootgemaak. Sy het beweer dat sy die geeste van die voorvaders in 'n poel in die Gxararivier gesien het. Hulle boodskap was dat al die Xhosa hulle beeste moes doodmaak en hul oeste moes vernietig. Op 'n sekere dag sou die son bloedrooi opkom, die beeste en oeste sou wonderbaarlik herstel word en die voorvaders sou saam met al die krygers uit hulle grafte opstaan en die Britte die see indryf. Hongersnood[wysig | wysig bron] Ten spyte van pogings van die Britse owerhede en Sendelinge het die Xhosa tussen 200 000 en 300 000 stuks vee doodgemaak en byna al hul oeste vernietig. Die groot dag was 18 Februarie 1857. Hierdie dag het egter soos enige ander dag gekom en gegaan. Die gevolg was dat duisende Xhosa's van die honger gesterf het oor die volgende paar maande. Die ramp het die militêre mag van die Xhosa gebreek. Nongquase is deur die Britte gevange geneem. Sy het 'n tydperk op Robbeneiland deurgebring en was later na die plaas Glen Shaw (distrik Alexandria) gebring waar sy die res van haar lewe deurgebring het. Sy is in 1898 oorlede en op die plaas begrawe.
<urn:uuid:f5d906d9-86e2-4ab7-9556-f98c7eea196d>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Nasionale_Selfmoord_van_Xhosas
2019-07-21T01:02:36Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526799.4/warc/CC-MAIN-20190720235054-20190721021054-00159.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
1.000009
false
Gebruikerbespreking:Dewet Hi Dewet, Welkom hier! Ek hoop jy geniet dit hier. Vir hulp met formatering, sien gerus meta:Help:editing, Of kyk sommer net hoe dit in 'n ander artikel gedoen is (of vra sommer in die Geselshoekie). Groete, Alias 11:01, 20 10 2004 (UTC) Dankie, ek het darem al redelik begin bydra tot en.wp, so ek's gemaklik hiermee ;) Dewet Inhoud - 1 Kopiereg - 2 Karakters - 3 Saadjies - 4 Lande - 5 Dankie - 6 Fynbos - 7 Kopiereg - 8 herdenkings - 9 Interwiki's by kategorië - 10 Québec - 11 Tale - 12 Vertalings - 13 Interwiki - 14 Mediawiki naamruimte? - 15 Skakel lyk tog dood? - 16 Name Changes - 17 Help - 18 Sitenotice - 19 Uitvee van prentjies - 20 kuipery - 21 bot - 22 Betrokkenheid - 23 Meeting - 24 Welkom terug - 25 Hoe gaan dit met ons elf landstale? - 26 Lisensiëring van beelde - 27 Your admin status Kopiereg[wysig bron] Hi Dewet, Ivm Digtheid en Albert Einstein: Ek sien jy het telkens die vorige weergawe in html-kommentaar geplaas. Vir meeste doelwitte is dit so goed as om dit uit te vee. In die geval van blatante gemors is uitvee natuurlik 'n goeie ding. Neem egter in ag dat meeste mense nie doelbewus gemors skryf nie, en dit dus 'n mooi gebaar is as jy verwyderde teks op die besprekingsblad plaas en jou redes vir die verwydering noem. Die html-kommentaar maak buitendien net die artikel groter en as mens dit toevallig mis in die diff (verskil tussen die weergawes), besef mens nie dat jy pas die hele vorige artikel onsigbaar gemaak het nie. - Doodreg, ek stem saam daarmee; die rede hoekom ek (vir eers) die vorige inhoud gehou het was vir vinnige verwysing. Veral met die Einstein artikel wou ek sien (met die aanname dat daar nie kopieregprobleme was nie) of ek nie ván die inhoud kon terugwerk in die hoofartikel nie. So, dis bloot 'n tydelike gerieflikheid terwyl die artikel nog aan die bou is. - Met wat jy hier onder sê verstaan ek nou heeltemal. Sien die wenk hier onder om vorige weergawes te sien. Ek het Digtheid bygewerk om dit van die ou weergawe te hê wat ek persoonlik voel behoue moes bly. Kan natuurlik nog verander word. Ivm Albert Einstein: jy lyk reg te wees: dit kom van ander webwerwe af. Ons sal moet hoor of dit inderdaad 'n kopieregprobleem is. In geval van kopiereg het ons ongelukkig 'n bietjie van 'n prosedure om te volg en gaan ons dalk net 'n rukkie moet wag met die redigeerwerk aan die artikel. Sal jy omgee as ons die artikel eers as kopieregprobleem opneem (wat beteken dat dit moontlik uitgevee sal word) en jou nuwe vertaling as 'n tydelike artikel gebruik by Albert Einstein/Temp? Jou weergawe kan dan daarna (kom ons sê 10 dae) herstel word as die properste artikel. Sien Wikipedia:Kopieregprobleme. Groete, Alias 21:57, 27 10 2004 (UTC) - Ook piekfyn, ek was nie bewus van die prosedure nie. Ek sal in die vervolg die "/Temp" metode volg -- ek neem aan dis maklik om te verskuif terug na die hoofartikel? PS: Ek kon nog nie 'n maklike manier sien om 'n artikel te "revert" vanuit ou weergawes nie -- is daar so 'n funksie? (-Dewet 28/10/04 8:30 SAST) - Vir 'n moontlike kopieregprobleem gebruik ons dus {{Kopieregprobleem}} en die skakel na /Temp is op daardie templaat. Die /Temp sal maklik geskuif kan word (soos wat jy vir NNP gedoen het). Ivm ou weergawes: kliek op "ouer weergawes" om 'n lys van alle ou weergawes te sien. As jy op die datum kliek, kry jy daardie vorige weergawe. Om hierdie ou weergawe dan die huidige weergawe te maak, kliek bloot op "wysig" en stoor dit sonder verandering. Die konvensie is om by die opsomming iets te sê soos: "Herstel na vorige weergawe van Dewet" of so iets (wie se weergawe dit dan nou ookal is). Sê maar as ek deurmekaar verduidelik. Groete, Alias 06:56, 28 10 2004 (UTC) - Dankie, ek kon alles doen tot voor die "wysig" & onveranderde stoor. Sal die truuk onthou. (-Dewet 28/10/04 18:17) Karakters[wysig bron] Hi Dewet, Hoop jy hou daarvan om gereëld boodskappe te kry ;-). Dankie vir jou herstel van die voorblad. Jou wysiging het ongelukkig 'n paar van die buitengewone karakters verkeerd gestoor. Ek weet egter nie mooi wat ons daaromtrent kan doen nie. Miskien kan jy probeer om die nuutste weergawes van jou blaaiers in die hande te kry. Maak ook seker dat hulle die bladsye as UTF-8 interpreteer. ("Automaties" behoort te werk - die bladsye adverteer hulself as UTF-8.) Maar anders weet ek nie mooi nie. Groete, Alias 14:08, 29 10 2004 (UTC) - Boodskappe is my leeeewe! :) Dankie vir die kennisgewing; ek het nie opgelet nie. Dis baie vreemd -- ek gebruik die nuutste Konqueror (3.3.1)... Miskien moet ek Mozilla/Firebird probeer en kyk of dit beter werk... (-Dewet 29/10/04 17:36 SAST) - Terloops, vandag weer 'n probleem toe jy Bevolking gewysig het (kyk na die diff) --Alias 14:27, 17 11 2004 (UTC) - Hmmm. Dit maak nie sin nie; ek gebruik nou Firefox vir die afgelope paar dae, en dis net hier-en-daar wat dit gebeur. Maar Konqueror doen dieselfde, maar ook nie konsekwent nie... (Dewet 14:43, 17 11 2004 (UTC)) - Terloops, my op my huisrekenaar gebruik ek Firefox al 'n geruime tyd en het nog glad nie enige probleme daarmee opgetel nie. Nie waarvan ek ten minste bewus is nie. --RM 14:49, 17 11 2004 (UTC) - Dewet, dit spyt my regtig om weer hieroor te praat, maar ek het nou nog artikels gesien waar dit gebeur het. As ons hierdie probleem kan oplos sal dit ons seker bietjie werk kan spaar. Wat is die afvoer van locale op jou stelsel? --Alias 23:10, 18 11 2004 (UTC) - Jammer, ek het juis gister weer teruggeskakel na Konqueror om te sien of dit nie beter gaan nie. "locale" wys die volgende: # locale LANG= LC_CTYPE="POSIX" LC_NUMERIC="POSIX" LC_TIME="POSIX" LC_COLLATE="POSIX" LC_MONETARY="POSIX" LC_MESSAGES="POSIX" LC_PAPER="POSIX" LC_NAME="POSIX" LC_ADDRESS="POSIX" LC_TELEPHONE="POSIX" LC_MEASUREMENT="POSIX" LC_IDENTIFICATION="POSIX" LC_ALL= - My KDE Control Panel het net "US English" gelys ook. Dit gaan my werklik te bowe, want volgens alle indikasies werk utf8 sonder probleme elders. Ek gaan nog rondsnuffel hieroor. (Dewet 05:36, 19 11 2004 (UTC)) - Hi Dewet, dit lyk my jy het nou 'n manier óm die karakterprobleme? Hoe het jy gemaak? (net ter wille van die rekord) --Alias 22:18, 31 Jan 2005 (UTC) - Wel, lyk my my Konqueror het "serious issues" wanneer dit kom by UTF-8. Ek loop Gentoo en het nog nie werklik genoeg energie spandeer om te probeer uitvind hoekom dit gebeur nie, maar solank ek Firefox gebruik lyk dit my alles loop 100%. Ek het nou net die nuwe beta van KDE 3.4 installeer, so sal kyk of dit nie dalk die probleem oplos nie... Dewet 22:48, 31 Jan 2005 (UTC) - Vreemd, ek gebruik meeste van die tyd konqueror. Dit het met en sonder UTF-8 in my locale reg gewerk (sover ek gesien het). --Alias 23:06, 31 Jan 2005 (UTC) Saadjies[wysig bron] Dewet, Ek sien jy merk selfs van die redelike lang artikels as saadjies. Aangesien jy dit 'n paar keer gedoen het en jy met saadjies begin het (as ek nou reg onthou) vra ek maar eers. Ek verstaan 'n saadjie is 'n enkele sin of paragraaf. --Alias 14:27, 17 11 2004 (UTC) - Bah! Ek's jammer daaroor; ek het dit self eers té laat besef. Ek dink ek het saadjie gebruik asof dit 'n "stub" is, wat nie heeltemal dieselfde is nie. Jy's inderdaad reg; saadjie word gereserveer vir enkelsin-artikels. (Dewet 14:32, 17 11 2004 (UTC)) - O, bedoel jy dus dat saadjie <> stub? Sal ons dan saailing vir stub gebruik? --Alias 14:40, 17 11 2004 (UTC) - Toe ek saadjie term verwoord het, het ek bedoel dat dit = stub moet wees. Enkelsin artikels dink ek moet {{leeg}} gemerk word of dalk selfs na af.wiktionary verskuif word as daar geen moontlikheid is om dit uit te brei nie. --RM 14:47, 17 11 2004 (UTC) - Ek het myself bietjie sleg uitgedruk: ek dink dat saadjie ideaal is vir kort artikels (ja, selfs net twee sinne met *inhoud*), maar wat potensiaal wys. 'n "Stub" (stomp(ie)?) is 'n langer (moontlik opsigself volledige) artikel, maar iets wat nog baie inligting ontbreek: op en.wp sien 'n mens gereeld stubs, alhoewel dit alreeds veel meer as ons definisie van 'n saadjie is. Kyk bietjie na en:Wikipedia:Stub -- hulle neem beide hierdie konsepte op in 'n enkele "stub"-konsep; ons kan maar praat en besluit of dit die moeite werd/sinvol is om die onderskeid te tref. (Dewet 14:56, 17 11 2004 (UTC)) - Alhoewel ek dink ons saamstem dat eensin artikels nie perfek is nie, voel ek ons moet tog versigtig wees. 'n Begin is 'n begin. Ek sal nie daarvan hou as ek vir 'n jaar nie hier was nie en my eensin bydraes is uitgevee nie. (Lyk my ek het dit reggekry om 'n sin met vier "nies" te maak :-) --Alias 14:59, 17 11 2004 (UTC) - My punt het nie eintlik met verwydering (of {leeg}) te doen nie, eerder met die onderskeid tussen saadjie en 'stub', en of dit nodig is... Ek stem heeltemal saam dat daar waarde in enkelsinartikels kan wees (gegewe potensiaal), maar die vraag is eintlik of saadjie gebruik kan word vir langer, onvolledige artikels? (Dewet 15:05, 17 11 2004 (UTC)) Lande[wysig bron] - Inderdaad, dit was nou tydmors :( Ek sal my weergawe daar bywerk; vreemd dat en.wp se NL artikel weer teruggeskakel het na die tabeluitleg, en slegs België die templaat gebruik (wat ek nou as voorbeeld gebruik het)... Kan jy as sysop alles in die Template:-naamspasie sien? Dit sal *baie* handig wees om êrens 'n blad te maak met 'n indeks van template (of mis ek iets obvious?) (Dewet 07:28, 18 11 2004 (UTC)) - Nee ek het nie spesiale sien-regte nie. Ek kan wel SQL-navrae doen op die databasis, maar het nog nie die moeite gedoen om uit te vind hoe dit werk nie. Kennis van meeste van hierdie template sit op die oomblik in ons koppe en ons moet dit eenvoudig neerskryf. Miskien is Wikipedia:Navigasietemplate die bladsy, maar die Engels moet eenvoudig uitgevee word. Al Afrikaans wat eintlik daar is, is die datumverwante goed wat Faresh gemaak het. Dit is ook eintlik bedoel vir dinge wat help met navigasie. Dus dalk eerder 'n splinternuwe Wikipedia:Sjablone of Wikipedia:Template afhangend van wat ons stemmery oplewer. Hierdie kan dalk self blood wys na bladsye met spesifieke tipes van sjablone/template. Wat jy ook kan doen is om die soek-funksie te gebruik en dit te beperk tot die Template-namespace. Die soekfunksie werk net sekere tye van die dag (het pas gewerk). --Alias 08:07, 18 11 2004 (UTC) Dankie[wysig bron] Dankie vir die taalhulp Jcwf - Groot plesier; jou skryfstyl is baie goed, ek hoef maar net 'n paar Nederlandse nukke reg te maak :) (Dewet 20:04, 24 11 2004 (UTC)) Fynbos[wysig bron] Hoi Dewet, - Daniel, voel vry! My Duits sukkel nog te veel om dit self te doen :) (Dewet 11:06, 19 12 2004 (UTC)) Ek (of jy) kan dit dan weer terugwerk na die Engelse artikel. Ek het 'n paar fotos wat ek ook wil laai. - Okido, ik doe eerst een Nederlandse vertaling, en ga dan de Afrikaanse aanvullen. Danielm 12:58, 19 12 2004 (UTC) Ok, het artikel is vertaald. Kan je weer even het taalgebruik nakijken? De vertaling van het artikel was niet makkelijk, er staan vele vaktermen in; van sommige plantensoorten heb ik geen Nederlandse naam gevonden dus heb ik de latijnse naam gebruikt (bijv. restionaceae). Misschien bestaan er wel Afrikaanse namen? Verder, het Duitse artikel vergelijk de hoeveelheid soorten met die in Nedersaksen. In mijn artikel vergelijk ik met Nederland. Wat is in voor jullie een geschikt vergelijkpunt? Danielm 19:24, 19 12 2004 (UTC) - Dankie, ek het dit deurgegaan -- goeie nuwe inligting! Ek het my vrae op die besprekingsblad geplaas. (Dewet 21:53, 19 12 2004 (UTC)) Kopiereg[wysig bron] Hallo Dewet, Dankie vir die steun. Ik heb een verzoek. Ik heb je waarschuwing tav. kopierechten gezien. Zou je een waarschuwingstemplate voor auteursrechten kunnen maken? En eentje voor template:vandalisme? Jcwf - Geen probleem, ek sal nou dit doen. Net oor die waarskuwing, bedoel jy dat ek die waarskuwing wat ek op die gebruiker se besprekingsblad geplaas het moet 'templaatifiseer'? Want daar is mos reeds 'n generiese "kopieregprobleem"-templaat... (Dewet 18:56, 21 12 2004 (UTC)) herdenkings[wysig bron] Hi Dewet, Eks sommer nuuskiering oor jou keuse van titels vir die nuwe template en goeters. Ek sien jy gebruik Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings, maar Template:UitgesoekteHerdenkingsKalender in kameelnotasie (hoofletters U, H en K). Dis vir my bietjie vreemd en moeilik om te onthou, veral aangesien herdenkingskalender een woord is. Sommer 'n opmerking, (miskien ook om gedagte te hou vir die toekoms) ek dink nie dis 'n dringende probleem nie. Groete en sterkte vir 2005! --Alias 00:16, 4 01 2005 (UTC) - Hi Alias; ek volg (weereens) bloot die konvensie wat en.wp gevolg het. Sover ek kan aflei is kameelnotasie OK vir template (juis omdat dit nie vir algemene "gebruik" deur gebruikers is nie), en nou met die nuwe wikipedia sagteware wat gelaai is, is dit veel makliker om 'n templaat op te spoor (via "All Pages/templates"). Ek sou natuurlik ook glad nie 'n probleem daarmee hê as ons in beginsel besluit om die korrekte notasie dwarsdeur te gebruik nie (en die templaat skuif nie), maar daar is sekere gevalle waar dit help: om al die template met "UitgesoekteHerdenking" te gebruik groepeer dit logies saam in 'n lys. Hoop dit maak sin! --Dewet 05:28, 4 01 2005 (UTC) Interwiki's by kategorië[wysig bron] Hi Dewet, Ek sien jou robot het interwikis by Category:Nederland en andere geplaas wat selfskakels het (die kategorie bevat homself). Is dit dalk 'n gogga in die robot wat jy gebruik? --Alias 15:36, 5 01 2005 (UTC) - Ek het dit opgelet; die robot wat ek gebruik is nl:Gebruiker:Andre_Engels se eie bot, wat op 'n daaglikse basis opgedateer word. Ek sal bietjie navraag doen daaroor. --Dewet 23:33, 5 01 2005 (UTC) - Dit was inderdaad 'n klein gogga in die werke gewees, en is nou reggemaak. Ek sal die kategorieë vandag met die bot deurgaan vir korrekte interwikis en self-verwysings verwyder. --Dewet 06:34, 6 01 2005 (UTC) Québec[wysig bron] Hi Dewet, Dankie vir al jou werk met die bots. Ek is sommer nuuskierig: hoe doen jy die "robot-assisted disambiguation" ivm Québec? --Alias 09:57, 7 01 2005 (UTC) - Die robot van Andre is eintlik 'n versameling baie nuttige python scripts. Die een is solve_disambiguation, wat as volg werk: Jy spesifiseer net 'n sekere rigtingwyserblad, en dan sal die bot al die links op daardie blad gaan haal. Dan soek hy alle bladsye uit wat na die rigtingwyser verwys, en gee jou die geleentheid om eenvoudig te spesifiseer watter een van die spesifieke artikels hy dit mee moet vervang. So dis redelik vinnig om die wiki reg te maak van enige skuiwings, ens. Dewet 12:22, 7 01 2005 (UTC) Tale[wysig bron] Hi Dewet, Jammer dat ek hierdie bladsy so vol skryf. Ek kry nou nie ons bespreking oor die tale nie. Ek sien jy het nou Duits geskuif na Duitse taal. Wat was die uitslag toe ons laas bespreek het om dit dalk eerder na Duits (taal) te skuif? --Alias 20:47, 7 01 2005 (UTC) - Hmm, ek het heeltemal vergeet daarvan. Ek sien ons sit nou met 'n mengsel van beide (Swazi (taal) en Engelse taal); ek kan ook glad nie die gesprek se uitslag onthou nie. :-/ --Dewet 08:40, 8 01 2005 (UTC) - Ek dink ons het gesê dat dit beter is met hakkies - Dis die algemene konvensie vir dubbelsinnigheid - Daar is ingeboude ondersteuning van die sagteware om met 'n |-simbool net die teks voor die hakkie in 'n skakel te vertoon - Dit kan moeilik raak om die bnw-vorm vir party tale uit te werk. - Ek dink ons het gesê dat dit beter is met hakkies - Verder is nie alle taalname dubbelsinnig nie. Hebreeus, Esperanto, Swahili, ens. --Alias 09:08, 8 01 2005 (UTC) Vertalings[wysig bron] Hi Dewet, Sommer 'n vinnige opmerking: dit sal dit (miskien net vir my?) makliker maak as jy sommer vir die vertaling van kort elemente sommer die vertaling herhaal in die opsomming herhaal. Dan hoef mens nie elke keer te kyk nie. Groete, Alias 11:26, 21 01 2005 (UTC) - Geen probleem, ek sal dit in gedagte hou. Daardie was net 'n toetsie eintlik gewees ;) --Dewet 11:53, 21 01 2005 (UTC) Interwiki[wysig bron] Hi ! I talk to an admin of the af about 4 weeks ago. I said he will set the bot-flag. And when i look at the interwiki set in af it doent look like your bot is running very often. After running the bot in the german-wiki there where a lot of missing backlinks. You cant get the missing Links when you only run it in one language. Greating from germany (have lifed from 77-81 in Windhuk) Mediawiki naamruimte?[wysig bron] As jy 'n tydjie kry sal ek dit waardeer as jy kortliks kan verduidelik wat hierdie veranderinge wat jy doen op die koppelvlak het? --RM 16:50, 28 01 2005 (UTC) - No problemo ;) Wikipedia word deur MediaWiki-sagteware bedryf (sien die skakel regs-onder elke blad, asook en:MediaWiki), wat basies die dryfkrag agter dit alles is. Daaruit spruit die MediaWiki naamspasie, waarin al die stelselspesifieke goed gedefinieer word, spesifiek ook al die koppelvlakboodskappe. Wanneer jy op Spesiaal:Allmessages kyk, kan jy 'n lys van hierdie boodskappe sien, tesame met die bestek- en huidige waardes. Byvoorbeeld, as jy MediaWiki:Upload verander (net sysops kan dit doen), verander jy letterlik die teks wat aan gebruikers gegee word. Jy sal byvoorbeeld nuwe boodskappe op die "laai lêer", "login" en ander bladsye sien, wat ek probeer versmelt het vanuit al die anderstalige wikipedias wat ek verstaan (primêr engels, nederlands, en so een-of-twee uit duits geneem). Hoop dit maak meer sin! Dewet 18:34, 28 01 2005 (UTC) Skakel lyk tog dood?[wysig bron] Ek het weer die volgende boodskap gekry toe ek daardie openfacts skakel gevolg het? Jy sê jy kry nie 'n probleem nie? The requested resource /index-en.phtml is no longer available on this server and there is no forwarding address. Please remove all references to this resource. -------------------------------------------------------------------------------- Apache/1.3.27 Server at openfacts.berlios.de Port 80 - Nee, dis baie vreemd; dit werk reg vir my. Ek gebruik bv. gereeld Wikipedia Status om te sien of daar tegniese probleme is wat verhoed dat die wikis vertoon. Dewet 14:00, 11 Feb 2005 (UTC) Name Changes[wysig bron] Ah, I was not aware that there was discussion on this topic taking place. Sorry abou tthe changes, and feel free to revert. I was just following the standard on the English Wikipedia. I can merely read some Afrikaans, although I am interested in helping the Afrikaans Wikipedia out, so I'll continue to do background technical things like before. Thanks! PZFUN 11:27, 18 Feb 2005 (UTC) By the way, I hate to be so personal, but my husband is out of town ... Is this correct, or is it horrible? "Hallo! My Afrikaans is nie goed nie, maar ek skryf baie artikels in Engels vir die Engelse Wikipedia van Suid-Afrika. My man is van Johannesburg af, en hy is Afrikaans, dus ek leer Afrikaans stadiger. As ek arbeid vir die Afrikaanse Wikipedia, ek doen die tegnies agtergrondwerk. As jy wil 'n haastig antwoord, dis beter te skryf aan my in Engels!" Dankie! Páll 11:41, 18 Feb 2005 (UTC) Help[wysig bron] Hello, I was wondering if you could help translate a few projects I'm working on. I don't feel comfortable to translate things, especially thigns that will be so visible, but I need help with Template:Taal and Template:Landtabel. Thanks! Páll 12:18, 18 Feb 2005 (UTC) - Jy is, naturrlik, reg. Nietemin, die wees verskeie woorde wat ek nie ken nie. As ek wil hulp, kan ek vra jou? Páll 12:44, 18 Feb 2005 (UTC) Sitenotice[wysig bron] Dewet ek sien jy dateer die sitenotice op tog bly die ou 15% boodskap bo aan my blaaier vertoon. Verstaan jy wat hier aangaan? Het jy nie dieselfde probleem nie? - Ek sien tans 40%; maar het ook al gesien hoe dit sporadies na 35% en vorige weergawes terugval. Ek dink die groot chaos ná die kragonderbreking gister het gelei tot 'n onstabiliteit terwyl dit databasis weer sinchroniseer, maar dit behoort stadig maar seker outomaties opgelos te word. Dewet 12:10, 23 Feb 2005 (UTC) Uitvee van prentjies[wysig bron] Hi Dewet, Net sommer 'n opmerking oor die uitvee van beelde: dit is permanent, met die gevolg dat niemand kan nagaan wat jy gedoen het as jy dit nie vooraf aangekondig het nie. Ek vertrou dat die nuwe weergawe beter is en ons los dit daar, maar ter wille van die gemeenskap dink ek dit is beter as ons vir alles behalwe die _heel_ triviaalste gevalle wat beelde betref maar wel Bladsyverwydering gebruik. Ek weet dis meer moeite, maar ek dink die openheid is belangrik. Groete, Alias 22:51, 28 Feb 2005 (UTC) - Hmm, ek het dit nie heeltemal so ver deurgedink nie; die beeld wat uitgevee is het ek net so van en.wp oorgedra 'n paar maande terug; die resolusie is baie laag (dit is omtrent net 'n thumbnail gewees), en ek het die amptelike studioportret aangevra van die FW de Klerk-stigting en op commons gelaai met daardie naam. So het ek op en.wp gevra dat hulle die bestaande foto uitvee (wat standaardpraktyk is wanneer daar 'n beter weergawe gelaai word), en hier ook dit gedoen. Die probleem is eintlik dat, solank die name dieselfde is, die commons een nie sal wys nie, en dit is onmoontlik om beelde te skuif, blykbaar. Andersins sou ek dit seker net so gelos het en die beeld oor die loop van tyd laat uitvee het. Dewet - Ek sien. Baie dankie vir jou moeite! Die nuwe prentjie lyk wel baie mooi. Verstaan asb. dat ek my geensins beterweterig probeer hou nie, maar die openheid wat ek glo ons gemeenskap sal laat sterk word wil bevorder. Weereens dankie vir jou moeite! --Alias 19:08, 1 Mrt 2005 (UTC) - Geen probleem, ek aanvaar jou raad :) Ek benader dikwels dinge uit 'n "common sense"-bo-burokrasie-posisie, wat sekerlik genoeg aanstoot kan gee, maar probeer darem om dit rustig en deurdenk te hou. Dewet 20:04, 1 Mrt 2005 (UTC) kuipery[wysig bron] Hi Dewet, sien asseblief BronnemateriaalEnBespreking:Kuiper. In Nederlands beteken kuipery bedrog, korrupsie. (Af?) Ook, daar is 'n uitdrukking in duigen vallen (uit mekaar val) en ek dink dat uitdrukkings soos dit deugt niet ens ook verwant is, waar ek is nie seker nie. Jcwf 14:07, 24 Jun 2005 (UTC) bot[wysig bron] Hi Dewet, er staat 100 keer een fout op de jaarbladzijden van de 1ste eeu (1de eeu v. Chr. moet zijn 1ste eeu v.C.) en de 7de eeu, 8ste eeu en 9de eeu (8de eeu moet zijn 8ste eeu). Weet jij een bot die dat kan rechtmaken? Jcwf 15:24, 14 Julie 2005 (UTC) Betrokkenheid[wysig bron] Haai Dewet, Pas jou boodskap gesien. Ek verstaan heel goed. Ek hoop jy vind jou pad weer terug om gereëld by te dra. Sterkte met die skripsie. --Alias 15:40, 6 September 2005 (UTC) Meeting[wysig bron] So I haven't heard much from anyone about a meet-up in CT. Any other ideas about how to get something together? -Pall. Welkom terug[wysig bron] Hoi Dewet! Welkom terug :) Danielm 11:36, 14 Januarie 2006 (UTC) Hoe gaan dit met ons elf landstale?[wysig bron] Lisensiëring van beelde[wysig bron] Haai, De Wet... Ek is besig om al die beelde na te gaan vir lisensiërings en bronne om seker te maak dat alles 100% korrek is. Ek het nou op 'n paar beelde van jou afgekom wat 'n lisensiëringsetiket/bron kort. Ek het die ooreenstemmende etikette bygevoeg en die beelde loop nou gevaar om na twee weke verwyder te word, indien dié nie verskaf word nie. Ek besef jy is nie meer aktief hier nie, maar die korrekte prosedures moet steeds gevolg word... Anrie 14:32, 22 Junie 2007 (UTC) Vrydag, 22 Junie: Aangaande bogenoemde beelde - ek verstaan jy het hulle van die en.wp af gekry, maar daar word ook nie melding van enige bron gemaak nie. Ek het 'n bietjie op die internets rondgesoek en ek glo hulle is afkomstig van 'n webwerf getiteld, "Flags of the World". Ek het die eienaar van die werf gekontak rakende die lisensiëring en kopiereg van die beeld. Ek hoop om gou van hom terug te hoor. Anrie 14:32, 22 Junie 2007 (UTC) - Ek het die beelde moes verwyder. Het geen antwoord van die eienaar van bogenoemde werf gekry nie en het ook nie 'n ander bron kon vind nie. Anrie 09:04, 7 Julie 2007 (UTC) So ook die volgende beelde: Saterdag, 23 Junie: Sondag, 24 Junie: Maandag, 25 Junie: - Verwyderd. Anrie 07:45, 12 Julie 2007 (UTC) Dinsdag, 26 Junie: - Vervang met Beeld:Colored_pencils_chevre.jpg. Anrie 07:48, 12 Julie 2007 (UTC) (gelyknamige, nie-identiese beeld van Commons skemer deur). Vrydag, 6 Julie: Your admin status[wysig bron] Hello. I'm a steward. A new policy regarding the removal of "advanced rights" (administrator, bureaucrat, etc.) was adopted by community consensus recently. According to this policy, the stewards are reviewing of administrators' and bureaucrats' activity on wikis with no inactivity policy. You meet the inactivity criteria (no edits and no log actions for 2 years) on af.wikipedia, where you are an administrator. Since af.wikipedia does not have an own administrators' rights review process, the global one applies. If you wish to retain your rights, you should notify the community that the stewards sent you this information about your inactivity to discuss the matter. Following your community's discussion, if the community then wants that you keep your rights, please contact the stewards at m:Stewards' noticeboard, and link to the discussion of the local community, where they express their wish to continue to maintain the rights, and demonstrate a continued requirement to maintain these rights. We stewards will evaluate the responses. If there is no response at all after approximately one month, we will proceed to remove your administrative rights. In cases of doubt, we will evaluate the responses and will refer a decision back to the local community for their comment and review. If you have any questions, please contact us on m:Stewards' noticeboard.
<urn:uuid:15b89143-fa30-46fa-97f7-af9896765e5a>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Gebruikerbespreking:Dewet
2019-07-16T02:25:09Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524475.48/warc/CC-MAIN-20190716015213-20190716041213-00103.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999838
false
Kategorie:Wikipedia-artikels met ULAN-identifiseerders Jump to navigation Jump to search (vorige bladsy) (volgende bladsy) Vir meer inligting, sien Wikipedia:Gesagbeheer. Hierdie is 'n versteekte kategorie Dit kategoriseer bladsye vir administratiewe doeleindes. Dit vorm nie deel van die ensiklopedie nie. | Bladsye in kategorie "Wikipedia-artikels met ULAN-identifiseerders" Die volgende 200 bladsye is in hierdie kategorie, uit 'n totaal van 1 018. (vorige bladsy) (volgende bladsy)J K - Franz Kafka - Frida Kahlo - Wassily Kandinsky - Kano Motonobu - Immanuel Kant - Karel die Grote - Karel die Stoute - Karel I van Engeland - Karel II van Engeland - Karel V - Karel VI van Frankryk - Katharina II van Rusland - Andy Kaufman - Buster Keaton - Diane Keaton - John Keats - John F. Kennedy - William Kentridge - Jack Kerouac - Omar Khayyám - Wolf Kibel - Paul Klee - Heinrich von Kleist - Georg Wenzeslaus von Knobelsdorff - Johann Koch - Koeblai Khan - Peter Kolbe - Käthe Kollwitz - David Koloane - Konfusius - Konstantinos Petrou Kavafis - Konstantyn VII van Bisantium - Kores die Grote - Cornelius Krieghoff - Akira Kurosawa L - Jacques Lacan - Karl Lagerfeld - Hugh Lane - Charles Lanyon - Denys Lasdun - Else Lasker-Schüler - Maggie Laubser - Charles Laughton - Charles Laval - T. E. Lawrence - Le Corbusier - Le Roux Smith le Roux - Francois le Vaillant - Robert E. Lee - Spike Lee - Gottfried Wilhelm Leibniz - Cornelis Lely - Wladimir Lenin - Peter Joseph Lenné - John Lennon - Leo VI van Bisantium - Leopold I van België - Leopold I, Heilige Romeinse Keiser - Leopold II, Heilige Romeinse Keiser - Michail Lermontof - Mervyn LeRoy - Claude Lévi-Strauss - John Frederic Lewis - Arthur Lasenby Liberty - Carolus Linnaeus - John Locke - Lodewyk IX van Frankryk - Lodewyk XIII van Frankryk - Lodewyk XIV van Frankryk - Lodewyk XVI van Frankryk - Raymond Loewy - Michail Lomonosof - Londense Tower - Adolf Loos - Louise van Hesse-Kassel - Louvre - Lu Xun - George Lucas - Lucius Annaeus Seneca - Charles Ludlam - Ludwig Forum vir Internasionale Kuns - Ludwig von Herterich - Bernardino Luini - Martin Luther - Edwin Lutyens - David Lynch - Jean-François Lyotard M - Guillaume de Machaut - Niccolò Machiavelli - Charles Rennie Mackintosh - Albertus Magnus - Wladimir Majakofski - William Makepeace Thackeray - Maksim Gorki - Maksimiliaan I - Maksimiliaan I van Meksiko - Nelson Mandela - Édouard Manet - Andrea Mantegna - Mao Zedong - Louis Maqhubela - Margaret Bourke-White - Margrethe II van Denemarke - Maria I van Skotland - Maria II van Engeland - Mariano Fortuny (ontwerper) - Markus Aurelius - Daniel Marot - Martialis - Ross Martin - Karl Marx - Henri Matisse - Matthias (HRR) - Matthias Claudius - Johan Maurits - Anton Mauve - Valerius Maximus - Burr McIntosh - Marshall McLuhan - Lorenzo de' Medici - Mehmet II - Felix Mendelssohn - Moses Mendelssohn - Maria Sibylla Merian - Metropolitan Museum of Art - Michael VIII Paleologus - Microsoft - Ludwig Mies van der Rohe - John Milton - Octave Mirbeau - Joan Miró - Ivan Mitford-Barberton - François Mitterrand - Hayao Miyazaki - Moctezuma II - Vera Moechina - Mohammad Reza Pahlavi - Mohammed - Piet Mondriaan - Claude Monet - Marilyn Monroe - Charles Montesquieu - Claudio Monteverdi - Thomas More - J.P. Morgan - Samuel Morse - Viggo Mortensen - Grandma Moses - Moskouse Historiese Staatsmuseum - Benjamin Mountfort - Wolfgang Amadeus Mozart - William Mulholland - Martin Mull - Edvard Munch - Glenn Murcutt - Musée d'Orsay - Benito Mussolini N - Vladimir Nabokov - Napoleon II - Napoleon III van Frankryk - Nasa - Nasionale Biblioteek van Israel - National Trust - Hugo Naudé - NAVO - Nero - Pablo Neruda - Evelyn Nesbit - Michail Nesterof - Richard Neutra - Isaac Newton - Fred Niblo - Friedrich Nicolai - Oscar Niemeyer - Nicéphore Niépce - Friedrich Nietzsche - Florence Nightingale - Vaslav Nijinsky - Niklas Luhmann - Nikolaas I van Rusland - Patriarg Nikon van Moskou - Leonard Nimoy - Notre-Dame-katedraal
<urn:uuid:b55e4e42-d839-4b1d-a7e7-bf27137e2748>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Wikipedia-artikels_met_ULAN-identifiseerders?from=Jm
2019-07-16T02:43:41Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524475.48/warc/CC-MAIN-20190716015213-20190716041213-00103.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.796783
false
Katipunan Katipunan | | KKK | | Die eerste vlag van Katipunan (1897) Leier | Andres Bonifacio (1892-1897) | ---|---| Slagspreuk | "Kataas-taasan, Kagalang-galangang Katipunan ng mga Anak ng Bayan" | Gestig | 7 Julie 1892 | Nuusbrief | Kalayaan | Hoofkwartier | Tondo, Manila; Kawit, Cavite | Ideologie | Filippynse nasionalisme | Internasionale affiliasie | La Liga Filipina | Amptelike kleure | Rooi en wit | Katipunan (KKK) was 'n rewolusionêre beweging in die Filippyne. Die beweging is in 1892 in Manila gestig met die doel om die Filippyne se onafhanklikheid van Spanje te bewerkstellig. Die leier van die beweging was die mede-stigter, Andres Bonifacio. Hulle opereer aanvanklik ondergronds tot hul bestaan in 1896 deur die Spanjaarde ontdek is. Direk na hul ontdekking breek die Filippynse Rewolusie uit. Die woord "katipunan" beteken letterlik 'assosiasie'. Dit kom van die Tagalog wortel "tipon", wat "kom bymekaar" of "samelewing" beteken.[1] Die organisasie se amptelike naam was Kataas-taasan, Kagalang-galangang Katipunan ng̃ mg̃á Anak ng̃ Bayan (Afrikaans: Hoogste en Mees Eerbare Vereniging van die Kinders van die Nasie; Spaans: Suprema y Venerable Asociación de los Hijos del Pueblo). Die groep was ook onder die akroniem KKK bekend, hoewel hulle geen verbintenis met die Ku Klux Klan (wat ook die akroniem gebruik het) gehad het nie. Verwysings[wysig | wysig bron] - Woods, Damon L. (2006) [2006]. The Philippines: a global studies handbook. ABC-CLIO. ISBN 1-85109-675-2.
<urn:uuid:65e8e17d-53ac-4d77-8970-e4c8f505a5aa>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Katipunan
2019-07-16T02:29:35Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524475.48/warc/CC-MAIN-20190716015213-20190716041213-00103.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999619
false
Sjabloon:SERru in Wikipedia, die vrye ensiklopedie Jump to navigation Jump to search Serwië Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Sjabloon:SERru&oldid=1249697 " Kategorie : Nasionale rugbyspansjablone Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Sjabloon Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Print/export Download as PDF Gereedskap Skakels hierheen Verwante veranderings Spesiale bladsye Permanente skakel Bladinligting Wikidata-item Ander tale Deutsch Nederlands Wysig skakels Die bladsy is laas op 23 Maart 2014 om 15:59 bygewerk. Die teks is beskikbaar onder die lisensie Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel . Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting. Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:b1da34fd-b54a-4a2b-b697-604181e8706f>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Sjabloon:SERru
2019-07-16T02:35:01Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524475.48/warc/CC-MAIN-20190716015213-20190716041213-00103.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999057
false
Hulp Bladsye wat na "Brad Bird" skakel ← Brad Bird Jump to navigation Jump to search Skakels hierheen Bladsy: Naamruimte: alle (Hoof) Bespreking Gebruiker Gebruikerbespreking Wikipedia Wikipediabespreking Lêer Lêerbespreking MediaWiki MediaWikibespreking Sjabloon Sjabloonbespreking Hulp Hulpbespreking Kategorie Kategoriebespreking Portaal Portaalbespreking Module Module talk Gadget Gadget talk Gadget definition Gadget definition talk Omgekeerde seleksie Filters Versteek insluitings | Versteek skakels | Versteek aansture Die volgende bladsye skakel na Brad Bird : Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). Bespreking:Brad Bird ( ← skakels wysig ) Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Brad_Bird " Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Gereedskap Spesiale bladsye Drukbare weergawe Ander tale Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:c6c8d86c-b837-4cd8-bb37-4dfe8df41614>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Brad_Bird
2019-07-16T02:37:31Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524475.48/warc/CC-MAIN-20190716015213-20190716041213-00103.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.995304
false
Eben Dönges Eben Dönges | | Dr. Eben Dönges in 1953 | | Ampstermyn 6 September 1966 – 13 September 1966 | | President | Adv. Blackie Swart | ---|---| Voorafgegaan deur | Dr. Hendrik Verwoerd | Opgevolg deur | John Vorster | 13de Minister van Finansies Ampstermyn 20 Oktober 1958 – 24 Februarie 1967 | | President | Adv. Blackie Swart (’61 - ’67) | Monarg | Elizabeth II (tot ’61) | Eerste minister | Dr. Hendrik Verwoerd John Vorster | Voorafgegaan deur | Tom Naudé | Opgevolg deur | Dr. Nic Diederichs | 12de Minister van Binnelandse Sake Ampstermyn 4 Junie 1948 – 20 Oktober 1958 | | Monarg | George VI Elizabeth II (tot ’61) | Eerste minister | Dr. Daniel Malan Johannes Strijdom Dr. Hendrik Verwoerd | Voorafgegaan deur | Harry Gordon Lawrence | Opgevolg deur | Tom Naudé | Persoonlike besonderhede Gebore | 8 Maart 1898 Klerksdorp, ZAR | Sterf | 10 Januarie 1968 (op 69) Kaapstad, Kaapprovinsie | Politieke party | Nasionale Party | Eggenoot/eggenote | Johanna Cathatina Louisa (Billie) Schoeman | Kind(ers) | Twee dogters | Alma mater | Victoria-kollege Universiteit van Londen Unisa | Religie | Nederduits Gereformeerd | Inhoud Vroeë lewe[wysig | wysig bron] Dönges was die seun van eerw. Theophilus Christiaan Dönges en Cornelia Hendrika Appeldoorn Cruywagen. Hy het in Kroonstad en Boshof skoolgegaan en het in 1915 aan die Hoërskool Robertson gematrikuleer. Hy is vir harde werk beloon met die Thomas Louwbeurs en is gevolglik na die Victoria-kollege waar hy ’n aktiewe rol gespeel het in die studentelewe waar hy ondervoorsitter van die studenteraad was. In 1918 verwerf hy die B.A.- en in 1919 die M.A.-graad in filosofie, wat hy albei met lof geslaag het. Hierdeur word hy beloon met die Koningin Victoria-toekenning vir oorsese studie maar hy het dit nie benut nie. In 1920 het hy registratuur van die Vrystaatse Regter-president, Etienne de Villiers, in Bloemfontein geword en in die regte begin studeer. Die volgende jaar is hy na Engeland waar hy in 1922 die LL.B.-graad aan die Universiteit van Londen met lof behaal. In 1923 het hy dit opgevolg met ’n soortgelyke graad van die Universiteit van Suid-Afrika, terwyl hy aan die London School of Economics gestudeerd het en deur middel van die Middle Temple tot die balie toegelaat is. Hy het aan die einde van 1923 terugkeer na Suid-Afrika en in 1925 verwerf hy die LL.D.-graad aan die Universiteit van Londen. Koerantman[wysig | wysig bron] Na sy terugkeer in Suid-Afrika het Dönges in 1924 redakteur van die nuwe weekblad van die NP, The South African Nation, geword en dit gebly tot die einde van die blad se bestaan in 1928. Tergelykertyd was hy van Julie 1924 tot Julie 1927 assistent-hoofredakteur van Die Burger Toetrede tot die politiek[wysig | wysig bron] Benewens sy dubbele redaksionele betrokkenheid is hy ook in 1924 in Pretoria tot die Transvaalse balie toegelaat en nadat hy sy werk by Die Burger bedank het, is hy in 1927 tot die Kaapse balie toegelaat. Van 1929 tot 1939 het hy as deeltydse regsadviseur vir die Kaapse Provinsiale Administrasie opgetree, hoewel hy reeds in 1937 tot die Vrystaatse Afdeling van die Hooggeregshof toegelaat is. In 1939 het hy senior advokaat geword en tot 1948 gepraktiseer. Hy was een van enkele Suid-Afrikaners wat ’n saak voor die Geheime Raad in Londen behartig het. Tesame met sy regswerk was hy ook deeltydse lektor in die regte aan die Universiteit van Stellenbosch, waar hy die uitleg van wette gedoseer het en gespesialiseer het in die maatskappyreg. Tydens die politieke samesmelting in 1934 tussen genls. J.B.M. Hertzog en J.C. Smuts het hy die leiding van dr. D.F. Malan gevolg en met die algemene verkiesing in 1938 die NP as kandidaat vir Hoopstad verteenwoordig, maar met 402 stemme teen J.H. Viljoen van die VP verloor. Dönges was betrokke by verskeie aspekte van die politieke woelinge gedurende die Tweede Wêreldoorlog. Hy was onder meer lid van ’n kommissie wat deur die AB aangewys is en onder voorsitterskap van prof. L.J. du Plessis op 4 November 1939 byeengekom het om ’n konsepgrondwet vir ’n toekomstige republiek op te stel. Die dokument het later groot spanning tussen die AB, die Herenigde Nasionale Party (Volksparty) en die Ossewa-Brandwag (OB) tot gevolg gehad. In 1941, ná die uittrede van Hertzog en N.C. Havenga uit die politiek, het Dönges as kandidaat van die HNP in Fauresmith (Havenga se setel) gestaan en P.P. Swanepoel van die Afrikanerparty (AP) beslissend met 1 580 stemme verslaan. In 1943 het hy teen twee kandidate gewen met ’n meerderheid van 2 028 stemme. As parlementariër in die opposisiebanke het Dönges vinnig opgang gemaak en hom onderskei as die HNP se hoofwoordvoerder oor finansies. Hy het ook ’n belangrike bydrae in gekose komitees gelewer, soos die een wat ondersoek ingestel het na die "Duitse dokumente" en die Denk-geval en gehandel het oor kontak tussen Nasionaaldenkendes in Suid-Afrika en Duitsland tydens die Tweede Wêreldoorlog. Datum Stemme Persentasie Opponent (party) Meerderheid 19 Maart 1941 3 516 63,9% P.P. Swanepoel (AP) 1 580 1943 3 866 60,2% A.J. Tromp (VP) J.S. Els (AP)2 028 In die stryd teen die OB het Dönges, wat aanvanklik ook lid was van dié organisasie, tydens ’n konferensie van HNP-leiers op 29 September 1941 maatreëls teengestaan wat Nasionaliste verplig het om uit die OB te bedank omdat hy gemeen het dat lede van die OB nie doelbewus van die HNP vervreem moes word nie. Nogtans het hy in dieselfde jaar uit die organisasie bedank, aangesien hy nie met die ideologie van die OB saamgestem het nie. Hy was wel een van dié wat tydens ’n vergadering van die AB in Mei 1945 geëis het dat die OB hom aan die politieke terrein moet onttrek en sy steun aan die beginsels van die HNP verleen. Die ooreenkoms tussen die HNP en die AP het met die inisiatief van die AB tot stand gekom en dit was die rede waarom die samekoms van Malan en Havenga op 1 Maart 1947 aan huis van Dönges, wat ondervoorsitter van die AB was, plaasgevind het. Met die algemene verkiesing van 1948 het Dönges die kiesafdeling Worcester vir die HNP verower en dié kiesafdeling tot sy uittrede in 1967 vertegenwoordig. In die referendum van 1960 (om te stem vir of teen ’n republiek in die suide van Afrika) het 6 793 uit 10 215 in Worcester se kiesafdeling ten gunste van ’n republiek gestem. Datum Stemme Persentasie Opponent (party) Meerderheid 1948 5 233 53,4% P.J. de Wet (VP) 718 1953 5 961 54,8% J.G. Carinus (VP) 1 136 1958 6 287 65% G.H. Heatlie (VP) 2 947 1961 6 832 68,1% J. Dommisse (VP) 3 657 1966 Onbestrede - - - Met die bewindsaanvaarding van die HNP na die oorwinning op 26 Mei 1948 is Dönges in die kabinet opgeneem as Minister van Binnelandse Sake en van Pos- en Telegraafwese. Laasgenoemde portefeulje is egter die jaar daarop vervang deur dié van Mynwese wat hy tot 1950 behartig het. Daarna het hy slegs Binnelandse Sake gehanteer tot 1958, toe hy as Minister van Finansies aangewys is. Hy het dié portefeulje beklee tot en met sy uittrede in 1967. Amper Eerste Minister[wysig | wysig bron] Op 18 November 1953 het Dönges Malan as leier van die Nasionale Party (Die HNP het sedert 1951 as die Nasionale Party bekend gestaan) in Kaapland opgevolg. Met die premiersverkiesing in 1954 is sy naam as ’n moontlike kandidaat vir die premierskap genoem, maar hy het nie belanggestel nie. Met die afsterwe van J.G. Strijdom in 1958 het hy hom wel vir die premierskap verkiesbaar gestel, C.R. Swart in die eerste stemming gewen maar teen dr. H.F. Verwoerd verloor in die volgende rondte. Na die sluipmoord op dr. Verwoerd op 6 September 1966, het hy ’n ruk lank as Waarnemende Eerste Minister opgetree. Ná die uittrede van staatspresident C.R. Swart is Dönges deur die NP-koukus as kandidaat vir dié amp aangewys en op 23 Februarie 1967 het die parlementêre kieskollege hom as die staatshoof gekies. Hy kon egter nie op 31 Mei 1967 ingehuldig word nie omdat hy op 11 Mei 1967 breinbloeding opgedoen het en in ’n koma verval het. Op 10 Junie 1967 is ’n delikate breinoperasie op hom uitgevoer waarna sy toestand beter geword het. Op 3 Oktober 1967 het hy egter ’n beroerte gekry en was so swak daarna dat sy regsverteenwoordiger in Desember namens hom sy bedanking as aangewese staatspresident moes indien. Kultuurlewe[wysig | wysig bron] Dönges het hom deurentyd beywer vir die Afrikanersaak en op politieke, kulturele en ekonomiese gebied diep spore getrap deur leiding te gee in die opheffing van sy volk wat in vele opsigte nog tweede viool moes speel teen die Engelse. Hierna het hy egter ’n tyd lank op die voorpunt van kulturele en ekonomiese gebeure beweeg. Hy het ’n prominente rol in die Afrikaner-Broederbond en die FAK gespeel en in die veertigerjare gevorder tot ondervoorsitter van albei organisasies. Toe die Eerste Ekonomiese Volkskongres van 3 tot 5 Oktober 1939 in Bloemfontein vergader, het hy die referaat Die mobilisering van die kapitaal- en spaarkrag van die Afrikaner gelewer. Met die stigting van die Ekonomiese Instituut op 1 Desember 1939, wat ’n uitvloeisel van die Volkskongres was, is Dönges vanweë sy kennis opgeneem in die dagbestuur wat moes toesig hou oor die fondse van die Reddingsdaadbond, waarvan hy ’n stigterslid sowel as lid van die uitvoerende raad was. Met die ontstaan van die Afrikaanse Handelsinstituut (AHI) in 1942 het hy in die uitvoerende raad van dié liggaam gedien, terwyl hy eweneens ’n stigters- en direksielid van Federalde Volksbeleggings was. Benewens bogenoemde, was Dönges ook voorsitter van die Kaapstadse Skakelkomitee van Afrikaanse Kultuurverenigings en in 1948 ’n stigterslid van die Suid-Afrikaanse Buro vir Rasseaangeleenthede (SABRA). Hy was verder ook lid van die Sentrale Monumentekommissie (voorloper van die Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede), lid van die sentrale komitee van die Afrikaanse Taalmonument en Taalstudiefonds, van 1963 af erelid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en van 1959 tot 1968 kanselier van die Universiteit van Stellenbosch. Hy het ook in die direksie van die Nasionale Pers, Voortrekkerpers en New Era gedien. Gesinslewe en laaste jare[wysig | wysig bron] Op sportgebied het Dönges graag rugby, tennis, krieket en gholf gespeel. As student was hy die kaptein van die Universiteit van Stellenbosch se krieketspan en later ook ’n paar jaar lank kaptein van die parlement se krieketspan. Dönges is op 10 Januarie 1968 ná agt maande in die Groote Schuur-hospitaal oorlede. Hy is met staatseerbetoon vanuit die Groote Kerk in Kaapstad, waar hy vir sessie jaar as diaken en ouderling gedien het, op 15 Januarie 1968 begrawe met die teraardebestelling in Stellenbosch. In 1959 het die Universiteit van Stellenbosch aan hom ’n ere-LL.D.-graad toegeken. In 1969, ’n jaar na sy dood is sy nagedagtenis geëer deur ’n afbeelding van hom wat op die eenrandmuntstuk van daardie jaar aangebring is. In Kraaifontein is die Hoërskool Eben Dönges na hom genoem en op Bothaville die Primêre Skool Eben Dönges. Op Worcester is die Eben Dönges-hospitaal (nou die Worcester-hospitaal) ook na hom genoem. In Benoni is daar ’n Voortrekkerkommando wat sy naam dra. Werke gepubliseer[wysig | wysig bron] - The liability for safe carriage of goods in Roman Dutch law (1928) - Municipal law (1940) saam met regter L. de V. van Winsen - Die toekomsrol van die Reddingsdaadbond in ons ekonomiese lewe (1943) - The new South African citizenship (1949) - The greater issue behind the dispute over South-West Africa – South Africa’s appeal to UNO (1952) - Die Afrikaanse gedagte en die draers daarvan (1953) Verwysings[wysig | wysig bron] - Swart, M.J.; Venter, W.J. Beyers, C.J., red. Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek (Hardeband) . Pretoria: Chris van Rensburg nms. die RGN. p. 962. ISBN 0-7969-0419-7. Aanhaling gebruik verouderde parameter |coauthors= (help) - Schoeman, B.M. Parlementêre verkiesings in Suid-Afrika, 1910–1976 (Hardeband) . Pretoria: Aktuele Publikasies. p. 513. ISBN 0-620-02368-6. Eksterne skakels[wysig | wysig bron] - Tuisblad van Hoërskool Eben Dönges - Tuisblad van die Primêre Skool Eben Dönges - Inligtingsblad oor Worcester-hospitaal Voorafgegaan deur Hendrik Verwoerd | Eerste Minister van Suid-Afrika 1966 (waarnemend) | Opgevolg deur John Vorster |
<urn:uuid:9a0b5b78-7c70-4e6a-a098-07607393bcce>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/T.E._D%C3%B6nges
2019-07-16T02:23:44Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524475.48/warc/CC-MAIN-20190716015213-20190716041213-00103.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999972
false
Dankie vir jou belangstelling in Wikipedia. Ons werk hier aan die ideaal van 'n gratis en vrylik beskikbare, vrylik bewerkbare, neutrale en volledige ensiklopedie. Die Afrikaanse Wikipedia bestaan al sedert Desember 2001 en bevat reeds 82 776 artikels. Vanaf die begin van die projek het die gebruikers 'n aantal riglyne en uitgangspunte vir artikelbewerking en onderlinge samewerking opgestel. Nuwelinge kan hieruit voordeel trek. Jy mag dit behulpsaam vind om van die skakels in hierdie raampie te volg en met die projek vertroud te raak, vóór jy begin bydra. Indien jou vingers jeuk om te eksperimenteer, kan jy gerus ons Sandput besoek: dit is juis vir die rede daar. Uiteindelik wil ons dat al ons gebruikers vry voel om hulle gang te gaan, maar dit doen natuurlik geen kwaad om 'n bietjie houvas te kry voor mens in die diep kant in spring nie! Besoek gerus ook ons Geselshoekie, ons gebruikers staan gereed om hand by te sit, of bloot net hand te skud. Hierdie bladsy, wat nou op jou skerm staan, is trouens jou persoonlike besprekingsbladsy. Die plek waar ander Wikipediane jou in die toekoms kan kontak en jy hulle dan kan beantwoord. Elke gebruiker het so 'n bladsy. Jy kan dus ook boodskappe op ander gebruikers se besprekingsbladsye los. Sluit boodskappe en besprekings altyd af met ~~~~ of deur op die handtekeningknop in die wysigingsvenster te kliek: sodoende word jou boodskap onderteken met jou gebruikersnaam en die datum en tyd waarop die boodskap voltooi is. Kliek dan as laaste op "Stoor bladsy" om enige bewerkings te stoor.
<urn:uuid:38ecb69f-e468-4abd-acfc-0042f9fc155c>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Gebruikerbespreking:Solidariteit
2019-07-17T06:46:15Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525094.53/warc/CC-MAIN-20190717061451-20190717083451-00263.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999999
false
Kelli O'Hara Jump to navigation Jump to search Kelli O'Hara | | Nasionaliteit | Amerikaans | ---|---| Kinders | 2 | Beroep(e) | Aktrise | Aktiewe jare | 2001–nou | Internet-rolprentdatabasis-profiel | Kelli O'Hara (gebore 16 April 1976) is 'n Amerikaanse aktrise. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprent Sex and the City 2 (2010) en in die televisiereekse Live from Lincoln Center (1976), Numb3rs (2005), en The Accidental Wolf (2017). Filmografie[wysig | wysig bron] Rolprente[wysig | wysig bron] - 2009: Passion, Prejudice and South Pacific: Creating an American Masterpiece - 2010: Sex and the City 2 - 2018: The King and I Televisiereekse[wysig | wysig bron] - 1976: Live from Lincoln Center - 1990: Broadway Beat - 2005: Numb3rs - 2008: Click and Clack's As the Wrench Turns - 2009: Side by Side by Susan Blackwell - 2017: The Accidental Wolf Televisierolprente[wysig | wysig bron] - 2010: National Memorial Day Concert - 2014: A Capitol Fourth - 2014: Peter Pan Live! - 2014: Michael Feinstein at the Rainbow Room - 2014: Michael Feinstein New Year's Eve at the Rainbow Room
<urn:uuid:7af374cb-99bf-4c5a-a9b5-acc6272c2465>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kelli_O%27Hara
2019-07-17T06:51:45Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525094.53/warc/CC-MAIN-20190717061451-20190717083451-00263.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.873357
false
Inflasierekeningkunde Inflasierekeningkunde is 'n reële waarde boekhoustelsel waarvolgens die reële waardes van konstante reële waarde nie-monetêre items outomaties op datum gehou word in die ekonomie of firma in plaas van hul outomatiese onwetende vernietiging teen die inflasiekoers deur geoktroieerde rekenmeesters indien hulle nie ten volle of nooit op datum gebring word nie.[1] Die enigste verskil tussen 'n reële waarde rekeningkunde model en die huidige tradisionele historiesekostemodel in Suid-Afrika is die herroeping van die bestendige rekeneenheidaanname - die basis van die historiesekostemodel. Dit staan enige firma in Suid-Afrika vry om hul bestendige rekeneenheidaanname te herroep en 'n reële waarde rekeningkunde model in gebruik te stel. Die wetlike herroeping van die bestendige rekeneenheidaanname in Suid Afrika sal die jaarlikse onwetende vernieting van miljarde Rand in konstante items se reële waardes deur geoktroieerde rekenmeesters verhoed. Dit sal dit ook onmoontlik maak dat die Suid-Afrikaanse ekonomie deur hiperinflasie vernietig kan word soos dit oor die afgelope sewentien jaar van hiperinflasie in Zimbabwe gebeur het (sien die Unidade Real de Valor). Inhoud - 1 Bestendige rekeneenheidaanname - 2 Inflasierekeningkunde - 3 Inflasie vereenvoudig - 4 Bronne - 5 Internetbronne Bestendige rekeneenheidaanname[wysig | wysig bron] Inflasie[wysig | wysig bron] Inflasie het twee komponente, maar slegs in 'n inflasionistiese ekonomie waar die historiesekostemodel gebruik word. Die twee komponente is monetêre of geld inflasie en historiesekoste-inflasie. [1][2] In 'n ekonomie of firma waar 'n reële waarde rekeningkunde model gebruik word het inflasie slegs een komponent, naamlik monetêre of geldinflasie. Historiesekoste-inflasie is onmoontlik in 'n ekonomie of enkele maatskappy of groep van maatskappye wat 'n reële waarde rekeningkundemodel gebruik. Inflasie het altyd 'n monetêre oorsprong en het altyd die vernietiging van monetêre waarde tot gevolg met die gebruik van watter rekeningkunde model ook al in alle inflasie ekonomieë - lae, hoë of hiperinflasie ekonomieë. Monetêre of geldinflasie vernietig die reële of koopwaarde van geld en ander monetêre items. In die algemeen dink almal dat inflasie net een komponent het, naamlik, die monetêre komponent. Mense is meestal onbewus van die nie-monetêre komponent wat geïgnoreer word net soos die kennis dat die historiesekostemodel nie reële waarde 100% in die ekonomie behou nie geïgnoreer word deur die toepassing van die bestendige rekeneenheid aanname wat die basis van die historiesekostemodel is. Historiese Koste inflasie is die onwetende jaarlikse vernietiging deur geoktroieerde rekenmeesters van biljoene Rande in reële waarde in konstante reële waarde nie-monetêre items wat nie ten volle of nooit reggestel word nie as gevolg van die kombinasie van monetêre inflasie en die bestendige rekeneenheid aanname soos dit deur geoktroieerde rekenmeesters toegepas word volgens die Historiese Koste model in inflasionistiese ekonomieë. Die twee komponente - monetêre inflasie en historiesekoste-inflasie - moet nie verwar word nie en die spesifieke oplossings vir albei moet ook nie verwar word nie. Monetêre of geld inflasie is altyd teenwoordig met die teenwoordigheid van geld in 'n inflasionistiese ekonomie. Historiese Koste inflasie is slegs teenwoordig met die teenwoordigheid van die historiesekostemodel. Alle inflasierekeningkundemodelle is nie outomaties 100% reële waarde modelle nie. Nie-monetêre reële waarde oplossings vir die beperking van historiesekoste-inflasie help nie self om monetêre inflasie te verminder nie. Dit kan moontlik help of dit kan ook absoluut niks help om monetêre inflasie te verminder nie. Nie-monetêre reële waarde oplossings (byvoorbeeld die instelling van 'n reële waarde rekeningkundemodel) se doel is om historiesekoste-inflasiee geheel en al te stop. Dit mag ook help om monetêre inflasie te verminder en dit mag ook niks help nie. Monetêre of geld inflasie word veroorsaak deur die kombinasie van verskillende ekonomiese prosesse, byvoorbeeld, oormatige nuwe geld voorsiening in die ekonomie of swakhede in enige van die ander onderliggende waarde sisteme in die ekonomie; by voorbeeld, 'n swak sentrale regering, slegte makro en mikro ekonomiese maatreëls, 'n swak onderrig stelsel, 'n swak verdeding stelsel, swak industriële ontwikkeling, 'n swak gesondheids stelsel, 'n swak opleidingstelsel, swak ekonomiese infrastrukture, 'n swak bank stelsel, 'n reserwe bank wat nie 100% onafhanklik van die regering is nie (by voorbeeld die SA Reserwe Bank), ens. Enige kombinasie van hierdie probleme kan monetêre inflasie veroorsaak. Daar is verskillende algemene aanvaarde oplossings vir monetêre inflasie wat deur die reserwe bank toegepas word om monetêre inflasie so na as moontlik aan 2% inflasie te hou - die huidige internasionale aanvaarde korrekte vlak vir monetêre inflasie. Suid Afrika se aanvaarde inflasievlak van 3% tot 6% is ongelukkig heeltemal buite die internasionale aanvaarde vlak. Suid-Afrika betaal nou die prys van daardie ongelukkige besluit met die huidige (2008) 11.1% per jaar onwetende vernietiging deur geoktroieerde rekenmeesters van die reële waardes van alle konstante reële waarde nie-monetêre items in die Suid-Afrikaanse ekonomie wat nog deur hierdie jaar nie ten volle of nooit reggestel word nie. Die gemiddelde jaarlikse reële waarde van onuitbetaalde wins in alle Suid-Afrikaanse maatskappye is in 2008 teen 11.1% vernietig. Waar monetêre inflasie 'n ekonomiese proses is met algemene aanvaarde spesifieke oplossings, is nie-monetêre inflasie slegs 'n Historiese Koste rekeningkunde proses wat slegs op twee maniere gestop kan word: (1) met 0% inflasie of (2) met reëlewaarderekeningkunde.[3] Verslagsdoeningsgeldeenheid[wysig | wysig bron] Een van die basiese beginsels van rekeningkunde is die verslagsdoeningsgeldeenheid beginsel: die verslagsdoeningsgeldeenheid in rekeningkunde is die basiese monetêre eenheid van die mees relevante geldeenheid. Die rekeningkunde monetêre verslagsdoeningsgeldeenheid is die enigste internasionale standaard rekeneenheid wat nie 'n werklike bestendige rekeneenheid is nie. Alle ander rekeneenhede, by voorbeeld die duim, millimeter, sentimeter, kilometer, myl, pond, gram, ensovoorts, is almal werklike bestendige rekeneenhede Geoktroieerde rekenmeesters gebruik 'n empiriese oplossing wat geldillusie deur die eeue tot gevolg gehad het. Hulle neem eenvoudig aan dat al die verskillende geldeenhede in al die verskillende wêreldekonomieë geskep en bestuur word deur 'n reserwebank of regering, almal "100% bestendige" verslagsdoeningsgeldeenhede is in laë-inflasie ekonomieë - slegs vir die waardering van konstante waarde items en niks anders nie. Prysbestendigheid[wysig | wysig bron] Hierdie geldillusie word selfs vandag nog onderskraag deur verklarings deur die Europese Reserwebank dat prysbestendigheid gedefinieer word as 'n jaarlikse toename van onder 2% in die geharmoniseerde verbruikersprysindeks vir die Euroarea. Die Europese Reserwebank het ook aangedui dat, in die nastrewe van prysbestendigheid, hulle doel is om inflasiekoerse onder, maar naby 2% oor die mediumtermyn te hou. Ongelukkig ignoreer die SA Reserwe Bank die internasionale aanvaarde 2% inflasie koers wat tot geweldige onwetenede jaarlikse vernietiging van reële waarde in SA lei. Dit word verklaar nieteenstaande die feit dat aaneenlopende 2% jaarlikse inflasie 51% van die reële waarde van alle monetêre waardes asook 51% van die reële waarde van alle onuitbetaalde wins van alle maatskappye in die Europese Monetêre Unie oor 35 jaar sal vernietig - ceteris paribus. 'n Hoë graad van prysbestendigheid is 'n jaarlikse toename in die Verbruikersprysindeks (VPI) onder 2%. Prysbestendigheid is 'n jaarlikse toename in die Verbruikersprysindeks van 0%. (Sien Alan Greenspan se definisie van prysbestendigheid in RealValueAccounting.Com) Historiese Koste-rekeningkunde[wysig | wysig bron] Historiesekosterekeningkunde is die wêreldwye basiese rekeningkundemodel. In die meeste lande word die hooffinansiële state opgestel volgens die historieskostemodel sonder om die verandering in die algemene prysvlak of die toename in spesifieke pryse van bates in ag te neem, behalwe tot die mate waarin eiendomme, toerusting en beleggings geherwaardeer mag word. Bestendige rekeneenheid aanname[wysig | wysig bron] Die bestendige rekeneenheidaanname is een van die basiese beginsels van die Historiesekostemodel. Die basiese beginsel van die Historiese Koste model is dus 'n aanneming en nie 'n werklike feit nie. Een van die basiese beginsels van rekeningkunde is die rekeneenheid beginsel: die rekeneenheid in rekeningkunde is die basiese monetêre eenheid van die mees relevante geldeenheid. Hierdie beginsel neem ook aan dat die rekeneenheid bestendig is; dit is, veranderings in sy algemene koopwaarde word nie as belangrik genoeg beskou om veranderinge te benodig in die finansiële state nie. Deesdae word die bestendige rekeneenheid aanname as deel van die Histories Koste model slegs toegepas vir die waardeering van konstante reële waarde nie-monetêre items in lae-inflasie ekonomieë. Rekenmeesters het deur die jare besef dat die bestendige rekeneenheid aanname nie gebruik kan word vir die waardering van wisselvallige reële waarde nie-monetêre items nie. Wisselvallige reële waarde nie-monetêre items word deesdae waardeer volgens, by voorbeeld, redelike waarde, mark waarde, huidige waarde, netto gerealiseerde waarde of terugwinbare waarde in terme van die Internasionale Rekeningkundige Standaarde Raad se Internasionale Rekeningkundige Standaarde en Internasionale Finansiele State Standaarde asook die VSA se Algemene Aanvaarde Rekeningkunde Beginsels. Voorbeelde van wisselvallige reële waarde nie-monetêre items is eiendomme, toerusting, land, geboue, voorraad, aandele, buitelandse geld, verkoopsgoedere, meubels, motors, vragmotors, skepe, vliegtuie, ens. Buitelandse geld is nie die funksionele geldeenheid in 'n ekonomie waar dit nie die verslagsdoeningsgeldeenheid is nie, naamlik, waar maatskappye nie hul rekeningkunde alleenlik in die buitelandse geld eenheid doen nie. Buitelandse geld is slegs geld in lande wat hulle ekonomieë gedollariseer het, by voorbeeld, Panama, Ekwador en El Salvador. Historiese Koste inflasie[wysig | wysig bron] Die baie vinnige vernietiging van die reële waarde van geld deur hiper inflasie word gedupliseer in die massiewe vernietiging van die reële waardes van alle konstante reële waarde nie-monetêre items wat nie ten volle of nooit reggestel word nie as gevolg van die kombinasie van hiper inflasie en die bestendige rekeneenheid aanname. Konstante reële waarde nie-monetêre items is konstante reële waardes as gevolg van die Pacioli dubbele inskrywing boekhoustelsel wat ons gebruik. Wanneer hulle konstante reële waardes nie reggestel was of word nie, was en word hulle eenvoudig vernietig teen die hiperinflasie of inflasie koers as gevolg van die kombinasie van hiper inflasie of inflasie en die bestendige rekeneenheid aanname soos dit toegepas word as deel van die Historiese Koste model. Konstante reële waarde nie-monetêre items se reële waardes was in die verlede deur die kombinasie van inflasie en die Histories Koste model vernietig net soos dieselfde kombinasie vandag die waardes van all konstante reële waarde nie-monetêre items wat nie ten volle of nooit reggestel word nie vernietig teen die inflasie koers as gevolg van die wêreldwye gebruik van die Historiese Koste model. Voorbeelde van konstante reële waarde nie-monetêre items is uitgegewe aandele kapitaal, onuitbetaalde winste, verliese, handels debiteure, handels krediteure, salarisse, huur, rente in die wins-en-verliesrekening, belasting, alle items in die wins-en-verliesrekening, debiteure en krediteure vir salarisse, huur, belasting, ens. Onuitbetaalde Wins[wysig | wysig bron] Die beste voorbeeld van historiesekoste-inflasie is die huidige wêreldwye vernieting van die reële waardes van all onuitbetaalde wins in alle maatskappye in die wêreld met onuitbetaalde wins deur die kombinasie van inflasie en die bestendige rekeneenheid aanname in alle lae-inflasie ekonomieë. Die reëls van die Historiese Koste model, naamlik die bestendige rekeneenheid aanname, verbied die regstelling van die reële waardes van onuitbetaalde wins in all lae-inflasie lande. Onuitbetaalde wins is in beginsel dieselfde as kontant (geld) in alle maatskappye in lae-inflasie ekonomieë. Die gemiddelde jaarlikse waarde van onuitbetaalde wins word op hierdie oomblik vernietig teen die gemiddelde jaarlikse inflasie koers in all maatskappye met onuitbetaalde wins in lae-inflasie lande (In alle lande wat nie IAS 29 toepas nie). Die jaarlikse vernietiging van die reële waarde van onuitbetaalde wins wêreldwyd beloop heel moontlik honderde miljard Euros. Dit is baie eenvoudig om dit te stop: herroep die bestendige rekeneenheidaanname. Anders gestel: doen alle rekeningkunde volgens Reële Waarde Rekeningkunde (Real Value Accounting) in plaas van historiesekosterekeningkunde. In Suid Afrika sal dit die vernietiging van die nie-monetêre deel van die SA ekonomie deur hoë of hiperinflasie onmootlik maak. Hiperinflasie[wysig | wysig bron] Slegs maatskappye in hiperinflasionistiese ekonomieë mag onuitbetaalde wins reëlewaarde regstel (heel moontlik slegs Zimbabwe met 8000% hiperinflasie) in terme van Internasionale Rekeningkundestandaard IRS 29 finansiële state in 'n hiperinflasionistiese ekonomie. Maar, slegs solank die kumulatiewe inflasie oor drie jaar 100% bereik of verbysteek - die kumulatiewe inflasie koers wat benodig word vir die instelling van IRS 29. Dit is gemiddeld 26% vir drie jaar na mekaar. Sodra daar nie meer hiperinflasie is nie, byvoorbeeld 20% jaarlikse inflasie vir 'n onbeperkte tydperk, dan word hulle nie meer toegelaat om onuitbetaalde wins se reële waarde reg te stel nie. Dan word hulle deur die reëls van die Historiese Koste model gedwing om onuitbetaalde wins se reële waarde weer te vernietig - teen 20% per jaar. Of teen al die ander lae inflasie koerse in die wêreld vandag. Die meeste rekenmeesters is onbewus dat dit gebeur en dat dit die gevolg is van hulle gebruik van die historiesekostemodel. Eenvoudig gestel: die historiesekostemodel het in die verlede waarde wêreldwyd permanent vernietig en vernietig dit ook tans. Inflasierekeningkunde[wysig | wysig bron] Inflasierekeningkunde was gebruik om hierdie massiewe vernietiging van die reële waardes van konstante reële waarde nie-monetêre items in hiperinflasionistiese ekonomieë te stop. Inflasierekeningkunde was in twee vorme gebruik: (1) Dit het die bestendige rekeneenheid aanname heeltemal herroep en gevolglik die massiewe vernietings effek in die berekening van konstante reële waarde nie-monetêre items in hiperinflasionistiese ekonomieë heeltemal gestop; of (2) Dit het die bestendige rekeneenheid aanname amper heeltemal herroep en gevolglik die massiewe vernietings effek in die berekening van konstante reële waarde nie-monetêre items in hiperinflasionistiese ekonomieë tot 'n baie lae vlak verminder. Wanneer inflasierekeningkunde in lae inflasie ekonomieë gebruik word sal dit die massiewe vernietiging van die reële waardes van konstante reële waarde nie-monetêre items in lae inflasie ekonomieë - soos Suid Afrika - stop. Unidade Real de Valor[wysig | wysig bron] Die Unidade Real de Valor in Brasilië was 'n voorbeeld van die eerste model. Dit was besef dat hiperinflasie die koopwaarde van geld vernietig. 'n Konstante koopwaarde rekeningkunde model is dus ontwerp om die koopwaarde van all nie-monetêre items in 'n hiperinflasionistiese ekonomie te behou. Dit is bereik deur die gebruik van 'n bestendige nie-monetêre waarde eenheid as 'n indeks eenheid. Brasilië het die Unidade Real de Valor vir hierdie doel ontwikkel. Hulle het indeks eenhede gedurende die 30 jaar vanaf 1964 tot 1994 gebruik. Met die Unidade Real de Valor het hulle uiteindelik hulle hiperinflasie oorkom. Die Unidade Real de Valor was 'n baie unieke nie-monetêre indeks. Dit het twee komponente gehad. Dit was 'n nie-monetêre indeks gedurende die lewe van die Unidade Real de Valor en aan die einde is dit in hulle nuwe geld eenheid verander - die Real, naamlik, 'n monetêre eenheid. Die finale tweede komponent is nie 'n algemene komponent nie. Dit was uniek in Brasilië gewees. Dit is nie 'n noodwendige deel van 'n nie-monetêre indeks nie. Die VSA Dollar kan ook as 'n baie goeie direkte nabootsing van 'n nie-monetêre indeks in 'n chaotiese hiperinflasie ekonomie soos Zimbabwe gebruik word. URV's was in Cruzeiros Reais gekwoteer. Die URV se intrinsieke waarde was aan drie prys indekse gekoppel en het 'n vasste kwoteering van 1-tot-1 met die VSA Dollar gehad. Die wisselkoers tussen die URV en die Cruzeiro Real was daagliks deur die regering herbereken en gepubliseer. Alle nie-monetêre items het URV en Cruzeiro Real pryse gehad, maar betalings was slegs in Cruzeiros Reais. Die feit dat die URV op drie Brasiliaanse (en nie Amerikaanse) prysindekse gebaseer was het tot gevolg gehad dat die bestendige rekeneenheid aanname 100% in Brasilië herroep was, maar, slegs gedurende die periode van die URV. Ongelukkig het die Brasiliaanse Reserwebank onwetend die baie vernietigende bestendige rekeneenheid aanname weer in die Brasiliaanse ekonomie ingestel toe hulle die unieke tweede deel van die URV voltooi het en dit as hul nuwe geldeenheid, die Real, ingestel het. Inflasie vereenvoudig[wysig | wysig bron] Inflasie vernietig altyd waarde. Dit word op twee maniere gedoen: inflasie vernietig die waarde van geld en dit vernietig ook die waarde van dinge waarvan die waardes nooit op datum gebring word nie, soos byvoorbeeld die winste wat 'n besigheid in die besigheid behou en nie aan eienaars uitbetaal nie. Rekenmeesters besef die gevaar wat inflasie inhou en het reëls om dinge met veranderbare waardes reg te waardeer. Dit word egter aangeneem dat inflasie niks doen aan die waardes van konstante waarde dinge, byvoorbeeld onuitbetaalde winste, wat nooit op datum gebring word nie. Inflasie vernietig dus hierdie konstante waarde dinge teen die inflasie koers elke jaar. Dit beloop honderde biljoene Euro's per jaar in die wêreld ekonomie en heel moontlik honderde biljoene Rande in Suid Afrika - elke jaar. Dit vernietig die Suid Afrikaanse reële ekonomie baie - en al hoe meer hoe meer inflasie styg. Dit is presies waarna Tito Mboweni, die Goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, verwys het in Maart 2008 toe hy gevra het: "Is daar 'n gevaar om die reële ekonomie dood te maak?" Hy is slegs vir die vernietiging van die waarde van die Rand verantwoordelik. Daar word nie besef dat Suid Afrikaanse rekenmeesters - onder die toesig van die Suid Afrikaanse Instituut vir Geoktroieerde Rekenmeesters - vir die vernieting van die reële ekonomie verantwoordelik is nie. Indien rekenmeesters hierdie aanname in Suid Afrika staak, sal hierdie vernietiging van waarde vir altyd stop en sal die Suid Afrikaanse reële ekonomie nooit meer deur hoë en nie slegs deur hiperinflasie, soos in Zimbabwe, vernietig kan word nie. Dit sal 0% inflasie in die reële (alles wat nie werklike geld is nie) ekonomie in Suid Afrika veroorsaak. Daar sal nog altyd geldinflasie in SA wees. 'n Persoon wat geen geld terughou nie, maar eerder items aankoop met sy geld, sal geen waarde verloor met geldinflasie nie - want die persoon hou geen geld nie. Hierdie manier van dinge doen is al klaar moontlik, maar slegs gedurende hiperinflasie. Dit is noodsaaklik vir Suid Afrika om dit ook onder normale inflasie te doen om die vernietiging van waarde in die reële ekonomie onmoontlik te maak. [2] Bronne[wysig | wysig bron] - Smith, Nicolaas J. (2005). RealValueAccounting.Com - The next step in our fundamental model of accounting. ISBN 972-9060-06-1. - http://papers.ssrn.com/sol3/papers.cfm?abstract_id=946775 - http://papers.ssrn.com/sol3/papers.cfm?abstract_id=946775
<urn:uuid:dc37e068-d180-491f-b2fe-d429d8bdd008>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Inflasierekeningkunde
2019-07-18T11:14:20Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525627.38/warc/CC-MAIN-20190718104512-20190718130512-00423.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999958
false
Ewell Ewell | | Koördinate: Koördinate: | | Land | Verenigde Koninkryk | ---|---| Land | Engeland | Graafskap | Surrey | Bevolking (2001) | | - Stad & Borough | 39 994 | Tydsone | MGT (UTC+00:00) | - Somer (DST) | BST (UTC+01:00) | Poskode | KT17, KT19 | Skakelkode(s) | 020 | Ewell is 'n dorp en die derde grootste nedersetting in die Engelse graafskap Surrey. Die stad het 'n bevolking van 39,994 in die 2001 sensus gehad. Die dorp is naby die suidelike stadsgrens van Londen geleë. Dorpe in die onmiddellike omgewing sluit Cheam, Chessington, Epsom, Stoneleigh en Tolworth in.
<urn:uuid:1316ee22-e92b-40dd-8239-5e66cf1ad567>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Ewell
2019-07-18T11:27:01Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525627.38/warc/CC-MAIN-20190718104512-20190718130512-00447.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.997618
false
Keene Curtis Jump to navigation Jump to search Keene Curtis | | Geboorte | 15 Februarie 1923 | ---|---| Nasionaliteit | Amerikaans | Sterfte | 13 Oktober 2002 (op 79) | Beroep(e) | Akteur | Internet-rolprentdatabasis-profiel | Keene Curtis (15 Februarie 1923 – 13 Oktober 2002) was 'n Amerikaanse akteur. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente Heaven Can Wait (1978) en Sliver (1993), en in die televisiereekse Dark Shadows (1966) en Stargate SG-1 (1997). Inhoud Filmografie[wysig | wysig bron] Rolprente[wysig | wysig bron] - 1975: The Wrong Damn Film - 1978: Heaven Can Wait - 1993: Sliver Televisiereekse[wysig | wysig bron] - 1966: Dark Shadows - 1973: The Magician - 1979: Struck by Lightning - 1980: One in a Million - 1981: Space Stars - 1983: Amanda's - 1983: The Dukes - 1996: Sex, Censorship and the Silver Screen - 1997: Stargate SG-1 Televisierolprente[wysig | wysig bron] - 1974: The Lady's Not for Burning - 1974: The Whirlwind - 1975: Strange New World - 1977: The Magnificent Magical Magnet of Santa Mesa - 1980: The Fantastic Funnies - 1981: Unit 4 - 1982: Modesty Blaise - 1984: The Hoboken Chicken Emergency - 1985: The Making of La Cage Aux Folles - 1997: Mother Teresa: In the Name of God's Poor Video's[wysig | wysig bron] - 1998: Richie Rich's Christmas Wish
<urn:uuid:978c53b1-cc5c-4b4a-bcfc-2fd59139a312>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Keene_Curtis
2019-07-18T11:20:39Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525627.38/warc/CC-MAIN-20190718104512-20190718130512-00447.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.908263
false
Original Research Die betekenis wat geld vir blankes en kleurlinge inhou Submitted: 28 November 1978 | Published: 28 November 1978 About the author(s) D. L. Visagie,, South AfricaI van W Raubenheimer,, South Africa Full Text: PDF (469KB)Abstract Opsomming ‘n Oorsig van relevante literatuur dui daarop dat die betekenis van geld (wat 'n belangrike plek in sekere motiveringsteorieë inneem) van persoon tot persoon kan verskil. Hierdie verskil kan hoofsaaklik aan persoonlike- en agtergrondsfaktore toegeskryf word. Wanneer die genoemde faktore binne groepsverband ooreenstem, ontwikkel en vorm daar unieke “groepsbetekenisse" wat aan sekere begrippe geheg word. Betekenismeting wat in hierdie ondersoek deur middel van die semantiese differensiaal op 128 Blanke- en 109 Kleurlingstudente uitgevoer is, toon egter oor die algemeen geen beduidende verskil ten opsigte van die begrip geld nie. Slegs ten opsigte van twee van 15 semantiese skale is beduidende verskille tussen die twee groepe gevind. Keywords Metrics Total abstract views: 3667Total article views: 2054
<urn:uuid:c13c372a-bf27-498c-af61-a36f126fca8e>
CC-MAIN-2019-30
https://sajip.co.za/index.php/sajip/article/view/297
2019-07-18T11:16:48Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525627.38/warc/CC-MAIN-20190718104512-20190718130512-00447.warc.gz
by
4.0
a_tag
false
true
{ "abbr": [ "by", "by" ], "in_footer": [ true, false ], "in_head": [ false, false ], "location": [ "a_tag", "a_tag" ], "version": [ "4.0", "4.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999698
false
Noord-Germaanse tale Noord-Germaanse tale Skandinawiese tale ---|---|---|---|---| Geografiese verspreiding: | Noord-Europa | ||| Genetiese klassifikasie: | Indo-Europees Germaans Noord-Germaanse tale | ||| Onderafdelings: | |||| Noord-Germaanse tale in Europa: | Die Noord-Germaanse tale verteenwoordig een van die drie takke van die Germaanse tale, 'n sub-familie van die Indo-Europese tale, saam met die Wes-Germaanse tale en die Oos-Germaanse tale. Afgelei van Proto-Noors en Oudnoors, word dit in die drie Skandinawiese lande (Denemarke, Noorweë, en Swede), die Faroëreilande, Ysland en Groenland, sowel as deur 'n beduidende Sweedse minderheid in Finland en deur immigrante groepe hoofsaaklik in Noord-Amerika en Australië gepraat. Die taalgroep word baie keer of die Skandinawiese- of die Nordiese tale genoem. Inhoud Klassifikasie[wysig | wysig bron] Tradisioneel word daar onderskei tussen die twee hooftakke, Wes-Skandinawies en Oos- Skandinawies, afgelei van die westelike en oostelike dialek groepe van Oudnoors, onderskeidelik. Die oostelike tak bestaan uit Deens en Sweeds en hulle dialekte en variëteite. Die westelike tak sluit in Noors, Faroëes en Yslands. Oos-Skandinawies saam met Noors is swaar deur Middelnederduits beïnvloed. Dit lei tot 'n alternatiewe klassifikasie van die tale wat meer klem lê op onderlinge verstaanbaarheid as die stamboommodel. Volgens die model word Noors, Deens, en Sweeds as Vasteland Skandinawies, en Faroëes en Yslands as Eiland-Skandinawies. Deens en Noors is in werklikheid moontlik nader aan mekaar as wat enige van die twee aan Sweeds is. As gevolg die lang politiese unie tussen Noorweë en Denemarke, deel Noorse Bokmål 'n groot deel van die Deense woordeskat. Verder vind Swede dit makliker om Noors te verstaan as Deens agv die Deense uitspraak. Mense sê soms grappenderwys dat Noors Deens is wat Sweeds gepraat word." Die verhouding tussen die drie tale kan opgesom word deur die bostaande diagram. Die Nood-Germaanse tale word gereeld aangehaal as 'n bewys van aforisme "'n Taal is 'n dialek met 'n weermag en 'n vloot." Die verskil tussen in dialekte binne Noorweë, Swede, en Denemarke is baie keer groter as die verskil oor landsgrense. Taalbeleid in Noorweë is oor die algemeen meer verdraagsaam teenoor landelike dialek variasie in formele taal, die prestige dialek wat baie keer "Oostelike Stedelike Noors" genoem word, wat hoofsaaklik in en naby Oslo gepraat word kan as redelik normatief beskou word. Die skep van Nynorsk uit verskeie Noorse dialekte nadat Noorweë in 1814 van Denemarke onafhanklik geword het was 'n poging om taalskeiding met politiese skeiding te laat oorvleuel. Eienskappe[wysig | wysig bron] Alfabet[wysig | wysig bron] Die Noord-Germaanse tale gebruik die Latynse Alfabet met die byvoeging van 'n paar kestra letters soos uiteengesit in die onderstaande tabel: Taal | Ekstra letters | Selde of nooit gebruik nie | Opmerkings | ---|---|---|---| Bokmål) | æ, ø, å | q, w, x en z | | Deens | æ, ø, å | q, w, x en z | | Sweeds | å, ä, en ö | "w" Kan in Sweeds as 'n variant van "v" beskou word en slegs in name en leenwoorde gebruik word. | | Faroëes | á, ð (edd), í, ó, ú, ý, æ, ø | c, q, w, x en z | edd (ð) word op verskillende maniere uitgespreek. Meestal is dit stom. | Yslands | á, é, í, ó, ú, ý, ð (edh), þ (thorn), ö en æ | c, q, w,z | Vergelyking van hooftale[wysig | wysig bron] Afrikaans | Sweeds | Deens | Bokmål | Nynorsk | Faroëes | Yslands | Oudnoors | ---|---|---|---|---|---|---|---| Ek kom van Noorweë. | Jag kommer från Norge. | Jeg kommer fra Norge | Jeg kommer fra Norge | Eg kjem frå Noreg. | Eg eri úr Noregi. | Ég kem frá Noregi. | Ek kem frá Noregi. | Wat is sy naam? (Wat heet hy?) | Vad heter han? | Hvad hedder han? | Hva heter han? | Kva heiter han? | Hvussu eitur hann? | Hvað heitir hann? | Hvat heitir hann? | Dit is 'n perd. | Detta är en häst. | Dette er en hest. | Dette er en hest. | Dette er ein hest. | Hetta er ein hestur/eitt ross. | Þetta er hross/hestur. | Þetta er hross/Þetta er hestr. | Die reënboog het baie kleure. | Regnbågen har många färger. | Regnbuen har mange farver. | Regnbuen har mange farger. | Regnbogen har mange fargar. | Ælabogin hevur nógvar litir. | Regnboginn er marglitur. | Regnboginn er marglitr. | Stamboom[wysig | wysig bron] Alle Noord-Germaanse tale stam af van Oudnoors. Die skeiding tussen subfamilies van Noord-Germaans word selde presies gedefinieer; meeste vorm kontinue hellings met naburige dialekte wat onderling verstaanbaar is en die wat verder van mekaar geleë is nie. - Proto-Noors - Wes-Skandinawies - Oos-Skandinawies Benewens die twee amptelike geskrewe norme van Noors, Nynorsk en Bokmål, is daar twee gevestigde nie-amptelike norme: Riksmål, soortgelyk maar meer konserwatief as Bokmål, wat tot 'n verskillende mate deur baie mense gebruik word veral in die stede en Høgnorsk "Hoognoors", soortgelyk aan Nynorsk, wat deur 'n baie klein minderheid gebruik word. Älvdalsmål "Älvdalen Spraak", gewoonlik as 'n Sveamål dialek beskou het vandag 'n amptelike ortografie en word, as gevolg van gebrek aan onderlinge verstaanbaarheid met Sweeds, deur sommige taalkundiges as 'n aparte taal beskou. Eksterne skakels[wysig | wysig bron] Wikimedia Commons bevat media in verband met Noord-Germaanse tale. | - ( ) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, North". Ethnologue. Besoek op 31 Maart 2018. - ( ) "Scandinavian languages". Encyclopædia Britannica. Besoek op 31 Maart 2018. - Woordeboek met Sweeds – Engelse vertalings van Webster's Online Dictionary – die Rosetta Uitgawe - Älvdalska, det lokala språket Indo-Europese tale: Kentum-tale: Germaanse tale | || ---|---|---| Noord-Germaanse tale: | || Deens | Faroëes | Noors (Bokmål, Nynorsk) | Sweeds | Yslands | || Wes-Germaanse tale: | || Afrikaans | Duits | Engels | Fries (Noord-Fries, Oos-Fries/Saterfries, Wes-Fries) | Jiddisj | Limburgs | Luxemburgs | Nederduits | Nederlands (Oos-Vlaams, Wes-Vlaams) | Nedersaksies (Wes-Veluws) | Skots | || Oos-Germaanse tale: | || Boergondies (†) | Goties (†) | Vandaals (†) |
<urn:uuid:e79ae179-0483-475f-9b52-e028be608177>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Noord-Germaanse_tale
2019-07-21T00:25:40Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526799.4/warc/CC-MAIN-20190720235054-20190721021054-00207.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999258
false
Bisantynse Ryk Die Bisantynse Ryk (Grieks: Βυζαντινή Αυτοκρατορία, amptelik steeds Βασιλεία τῶν Ῥωμαίων "Keiserryk van die Romeine", eietyds kort Romania of Ῥωμανία genoem), dikwels kort Bisantium (Grieks: Βυζάντιο[ν]) of, vanweë sy historiese oorsprong, die Oos-Romeinse Ryk, was 'n keiserryk in die oostelike Mediterreense gebied. Dit het in die laat Oudheid ná die verdeling van die Romeinse Ryk in 395 uit sy oostelike helfte ontstaan en het met die Osmaanse verowering van Konstantinopel op 29 Mei 1453 ondergegaan. Die Ryk het aanvanklik tot by die Arabiese Skiereiland en in die weste tot Noord-Afrika en die Atlantiese Oseaan gestrek, maar was vanaf die 7de eeu rofweg tot Klein-Asië en Suidoos-Europa beperk. Dit is vanuit die hoofstad Konstantinopel (die huidige Istanboel) geregeer wat ook as Bisantium bekend gestaan het. Die benaming "Bisantynse Ryk", wat van die hoofstad afgelei is, word uitsluitlik in die moderne navorsing gebruik. Die bewoners van die ryk het na hulself nie as Bisantyne verwys nie, maar steeds as Romeine (in die moderne wetenskaplike konteks word die term "Rhomeërs" gebruik). In die Latynse weste is na hulle as Grieke verwys. Die geskiedenis van die Bisantynse Ryk word in die moderne geskiedskrywing en navorsing in drie fases verdeel: - die laat antieke en vroeg-Bisantynse tydperk (vanaf die laat 3de/vroeë 4de eeu tot die middel van die 7de eeu), toe die ryk nog herkenbaar antiek-Romeinse trekke gehad en as groot moondheid die hele oostelike Middellandse Seegebied oorheers het; - die Middel-Bisantynse tydperk (vanaf die middel van die 7de eeu tot 1204/1261), toe die ryk reeds volledig vergrieks was en ná groot gebiedsverliese weer as belangrike moondheid opgetree het; - die laat-Bisantynse tydperk (1204/1261 tot 1453) toe die ryk steeds meer gebiedsverliese gely en op politieke gebied geen beduidende rol meer gespeel het nie. Naas hierdie tradisionele periodisering is daar ook alternatiewe sienswyses. In die meer onlangse navorsing is daar neigings om eers vanaf die laat 6de of 7de eeu van 'n suiwer Bisantynse geskiedenis te praat en vroeëre periodes nog by die laat-Romeinse oudheid te reken.[2] Hierdie stelling is omstrede, veral omdat ander bisantiniste vrees dat hul vak aan belangrikheid sou kan verloor indien die laat-antieke fase van die ryk volledig by die geskiedenis van die klassieke Oudheid gereken sou word. Die geskiedenis van die Bisantynse Ryk is deur 'n byna permanente afweerstryd teen vyandelike magte langs sy grense oorheers wat die Bisantyne se kragte verteer het. Fases van uitbreiding (ná gebiedsverliese in die 7de eeu is veral in die 10de en 11de eeu nuwe streke verower) het mekaar afgewissel met fases waartydens die Bisantyne teruggetrek het (so in die laat tydperk van die ryk toe sy kragte uitgeput was). Die binnelandse gebeure is, veral tot in die 9de eeu, verskeie kere deur godsdienstige dispute en enkele burgeroorloë oorheers, alhoewel die staatswese, wat op Romeinse strukture gebaseer was, tot in die 13de eeu onveranderd gebly het. Op kulturele gebied het Bisantium beduidende literêre en ander kunswerke opgelewer en as bemiddellaar van die antieke erfenis 'n beduidende rol vir die Europese beskawing vervul. Die kodifisering van die Romeinse reg onder keiser Justinianus I sou die basis vir die regstelsels van Europese state lewer.[3] Daarnaas het die Bisantynse Ryk beslissende invloed op die kerstening van Oos-Europa (die Balkanskiereiland en Rusland) uitgeoefen en tot in die 15de eeu as 'n Christelike vesting in die ooste bestaan wat alle aanvalle van Islamitiese magte afgeweer het. Inhoud Benaming[wysig | wysig bron] Die Bisantyne het, net soos die Grieke tot in die 19de eeu, na hulself as "Romeine" (Ῥωμαῖοι, Rhōmaîoi, eietydse uitspraak: Romei) verwys, terwyl die term Grieke (Έλληνες, Héllēnes/Éllines) byna uitsluitlik vir die voor-Christelike, heidense Griekse beskawings en state gebruik is. Omstreeks 1400 het die Bisantyne egter begin om na hulself as Hellene te verwys. Die huidige benamings Bisantyne en Bisantynse Ryk is van moderne oorsprong. Bewoners van die ryk het na hul staatswese steeds as Βασιλεία τῶν Ῥωμαίων (Basileía tōn Rhōmaíōn/Vasilía ton Romäon, "Ryk van die Romeine") of Ῥωμαικὴ Αὐτοκρατορία (Rhōmaikḗ Autokratoría/Romaikí Aftokratoría, "Romeinse Outokrasie", "Romeinse Keiserryk") verwys. Hulle het hulself nie as opvolgers van die Romeinse Ryk beskou nie - hulle was die Romeinse Ryk. So is ook benamings soos "Oos-Romeinse" en "Wes-Romeinse" eers in die moderne tydperk gebruik - volgens die destydse opvatting was daar net een ryk onder die bewind van twee keisers so lank as die twee ryksdele bestaan het. Hierdie beskouing kom ooreen met die staatsregtelike orde aangesien daar in die ooste geen historiese breuk was nie en die Bisantynse Ryk as staatswese met 'n laat-antieke karakter voortbestaan en eers later, onder die bewind van Herakleios, begin vergrieks het. Nogtans was die Oos-Romeinse Ryk al vroeër deur 'n oorwegend Griekse identiteit gekenmerk. Oud-Grieks en vanaf omstreeks 600 Middel-Grieks, wat in fonetiese opsig in baie opsigte al met moderne Grieks ooreenkom, het vanaf die regeringstyd van Herakleios nie net Latyn as ampstaal vervang nie, maar het daarnaas ook as kerk-, literêre, kultuur- en handelstaal gedien. Vanweë sy historiese wortels is die ryk aanvanklik deur sy Helleense beskawing, Romeinse staatswese en Christelike godsdiens gekenmerk. Eers in die tyd van die Arabiese verowerings en die uitbreiding van die Islamitiese godsdiens in die 7de eeu het die Oos-Romeinse en Bidsantynse Ryk sy Romeinse laat-antieke karakter verloor. In die hele tyd van sy bestaan het die ryk homself as die onmiddellike en enigste wettige, steeds bestaande Romeinse Keiserryk beskou en sodoende aanspraak op die gesag oor alle middeleeuse Christelike lande gemaak. Hierdie aanspraak was vanaf 600 maar teoreties van aard, al is dit in die Bisantynse staatsteorie konsekwent gehandhaaf. Geskiedenis[wysig | wysig bron] Wes- en Oos-Romeinse Ryk[wysig | wysig bron] Die feit dat die Oos-Romeinse Ryk ook ná die ondergang van Wes-Rome voortbestaan het, was aan 'n aantal faktore te danke. Die oostelike ryk was vanweë sy geografiese ligging minder sterk aan aanvalle van buite blootgestel. So was die riviergrens langs die benedeloop van die Donau die enigste grenslyn wat deur invallers maklik oorgesteek kon word en sodoende militêre beskerming benodig het. Daarenteen was die Wes-Romeinse Ryk uiteindelik nie meer in staat om die lang frontlinies langs die Ryn en die bo- en middelloop van die Donau teen Germaanse stamme te verdedig nie. Binnedringers kon regstreeks op Italië en Gallië marsjeer sodra hulle die grensriviere oorgesteek het aangesien die Wes-Romeinse keisers geen kans meer gehad het om 'n tweede frontlyn in die binneland op te bou nie. Die Bisantynse hartland rondom die Marmarasee was 'n vesting wat nòg deur landgebonde aanvallers nòg deur 'n vyandelike vloot ingeneem kon word nie. In die ooste het die Bisantynse Ryk aan Persië gegrens wat deur die Sassaniede-dinastie geregeer is - heersers wat in die algemeen vreedsame betrekkinge met die Bisantyne gehandhaaf net, al was die twee moondhede af en toe in 'n soort Koue Oorlog verwikkel. Daar was dus ook geen noodsaaklikheid om die vestiging van Germaanse huursoldate of setlaars in die stryd teen aanvallers te aanvaar nie. Net in die 4de eeu het Wes-Gotiese setlaars hulle in die Bisantynse Ryk kom vestig. Die Bisantynse Ryk het ook ten opsigte van sy sosiale struktuur sterk van die weste verskil. Die meeste adellike landbesitters in die weste het ongeag hulle geweldige rykdom nouliks 'n finansiële bydrae tot die onderhoud van Romeinse strydmagte en administrasie opgelewer, terwyl die Bisantynse staat op die tradisionele breë middelklas van antieke Griekse stede kon steun. Die meeste amptenare het uit hierdie middelklas gekom en was in staat om 'n aansienlik hoër belastinginkomste vir die owerheid te genereer as hul eweknieë in die ekonomiese dwangstelsel van die Wes-Romeinse Ryk. Keiser Anastasios I (491-518), 'n voormalige amptenaar aan die Bisantynse hof, het die verspilling en misbruik van staatsgeld teengewerk en 'n omvattende hervorming van die Bisantynse monetêre stelsel deurgevoer. Die Oos-Romeinse Ryk was in vergelyking met die weste dig bevolk en het oor 'n florerende landboubedryf beskik. Ekonomiese welvaart het tot die politieke stabiliteit van die ryk bygedra. In die weste is die politieke orde voortdurend deur magsgrepe en teenkeisers ondermyn sodat 'n groot deel van die staatsbegroting aan die militêre onderdrukking van opstande bestee moes word. In die ooste het rebellies nouliks voorgekom. Onluste soos die Nika-opstand in 532 is vinnig bestry. Die sosiale beleid van die Bisantynse heersers was daarop gemik om klasverskille te verminder en hulp aan armer bevolkingsgroepe te verleen. Demografie[wysig | wysig bron] Oorsig[wysig | wysig bron] Die Bisantynse Ryk was 'n multi-etniese staat met 'n bevolking wat naas Grieke ook Armeniërs, Illiriërs en Slawe asook - in die Vroeg-Bisantynse tydperk - Siriërs en Egiptenare ingesluit het. Die meeste gebiede, waaroor die ryk gestrek het, was al eeue lank gehelleniseer en het dus deel uitgemaak van die Griekse kultuurkring. Hier was beduidende stedelike massasentra van die hellenisme geleë soos Konstantinopel, Antiogië, Efese, Thessaloniki en Alexandrië, asook die bakermat van die Ortodokse Christendom. Ook Athene was steeds 'n belangrike kulturele sentrum totdat keiser Justinianus die plaaslike neo-platoniese filosofiese skool in 529 verbied het. Die demografiese verhoudings het vervolgens verskuif sodat die oosterse provinsies van die ryk naas Konstantinopel in ekonomiese en militêre opsig die belangrikste gebiede geword het. Toe hulle verlore gegaan het, het Klein-Asië 'n belangrike rol begin speel, en eers vanaf die vroeë middeleeue ook die Balkanskiereiland. Ná 1071 is dele van Klein-Asië deur Turkse invallers verower, en in die 14de eeu het dit heeltemal onder Turkse bewind gekom. Dit was die begin van die Bisantynse Ryk se agteruitgang waartydens die staat van 'n groot- tot 'n streeksmoondheid en uiteindelik tot 'n klein staat gekrimp het. Die Bisantynse volk[wysig | wysig bron] Grieks as gemeenskaplike taal en die Christendom as gemeenskaplike godsdiens het net soos die keiserlike monargie en Konstantinopel se posisie as politieke, ekonomiese, kulturele en godsdienstige sentrum die bewoners van die Bisantynse Ryk vanaf die 6de eeu saamgebind tot 'n staatsvolk wat homself as Rhomeërs of Romeine beskou het. In sy politieke betekenis het hierdie volksbegrip alle inwoners ingesluit wat binne die grense van die ryk woonagtig en aan dieselfde keiserlike wette onderworpe was. So het die Bisantynse volk uit alle burgers of politai bestaan, met uitsondering van die keiser wat in 'n bepaalde mate nie aan die wette onderworpe was nie.[4] Bisantynse bronne verwys na die hiërargiese sosiale struktuur van die Bisantynse samelewing wat grofweg uit welvarendes (plusioi), 'n middelklas (mesoi) en armes (penētes) bestaan het. Baie van die ryk Bisantyne was lede van die hofstaat of kerkleiers, ander is by die middelklas gereken, maar kon, indien daar politieke of kerklike veranderings was, hul sosiale status verloor om die droewige lot van die groot massa armes te deel. Op- en afwaartse sosiale mobiliteit, onafhanklik van geboorte en status, was inderdaad 'n kenmerk van die Bisantynse samelewing wat selfs die keisertroon kon insluit - die keisertitel was nie erflik nie. Veral die middelklas het groot waarde aan 'n goeie opleiding van sy kinders geheg. Enige funksionele indeling volgens beroepe of sosiale state was egter onbekend. Die bevolking van Konstantinopel het in die Vroeg- en Middel-Bisantynse periode 'n besondere politieke status geniet deur sy wettige of onwettige invloed op die verkiesing van 'n nuwe keiser en die rol wat dit by politieke manipulasies van belangegroepe kon speel. Taal[wysig | wysig bron] Bisantynse skrywers het hul werke merendeels in klassieke Grieks (Atties) geskryf of tenminste daarna gestrewe om hierdie ideaal te volg. Die feit dat Grieks, soos dit reeds in die klassieke en hellenistiese asook die Romeinse keisertyd as skryftaal gebruik is, in die Bisantynse Ryk onveranderd kon voortleef was aan die onderwys in Griekse grammatika, die voortdurende lees van antieke skrywers en die raadpleeg van leksika te danke. Selfs al het die skryfstyl in die Nuwe Testament verskil van dié klassieke Grieks, het Bisantynse outeurs van Christelike werke veral vanaf die 4de eeu moeite gedoen om by klassieke styl aan te pas sodat hul tekste as gelykwaardig aan dié van heidense skrywers beskou kon word. Die Bisantyne het hulself as die enigste erfgename van die antieke kultuur, literatuur en taal beskou en sodoende met trots aan hierdie tradisies vasgehou. Naas tekste in klassieke Grieks was daar ook literatuur wat in die volkstaal geskryf is. Afgesien van voorbeelde uit die hagiografie, enkele woorde, sinne en kort nota's het geen dokumente in hierdie taalvorm bewaar gebly wat voor die 12de eeu ontstaan het nie. Die volkstaal het sy oorsprong in die algemene Griekse omgangstaal of koinē wat ontstaan het toe verskillende Griekse dialekte in die 2de en 1ste eeu v.C. begin versmelt het. Die bekendste werk in hierdie taal, wat ook deur vreemde idiome uit die hellenistiese wêreld beïnvloed is, is die Nuwe Testament. In die koinē het verskillende klinkers en diftonge saamgeval, terwyl ook geen onderskeiding tussen lang en kort klinkers meer gemaak is nie - 'n fonetiese ontwikkeling wat al in die laat-antieke taalperiode van Oud-Grieks die tradisionele metriese stelsel en die digkuns, wat daarop gebaseer het, laat verdwyn het. Min is bekend oor die omgangstaal van gewone Bisantyne. Ons weet van streeksvariante en dialekte, en dit is duidelik dat mense 'n sekere kennis van klassieke Grieks gehad het aangesien dit ook as kerktaal gedien het. Nogtans kan daar nie sprake wees van diglossie of tweetaligheid in die Bisantynse Ryk nie. Die Griekse hoogtaal het hoofsaaklik as skryftaal vir die boonste lae van die samelewing gedien sodat sy mondelinge gebruik beperk was tot sekere staatsplegtighede. Ook die koinē het gaandeweg tot 'n meer verhewe literêre ontwikkel wat met die volkstaal gekontrasteer het. Bes moontlik was daar verskillende variante van geskrewe en gesproke taalvorms wat in die laat-Bisantynse periode deur nuwe dialek-gebaseerde skryftale soos Kiprioties aangevul is, terwyl die antieke woordeskat tot vandag in die omgangstaal voortleef. Die Griekse taal was en is die belangrikste element wat latere generasies met die antieke wêreld verbind.[5] Sien ook[wysig | wysig bron] Verwysings[wysig | wysig bron] - Georg Ostrogorsky: Geschichte des byzantinischen Reiches. Handbuch der Altertumswissenschaft XII 1.2, 3de uitgawe, München 1963, bl. 22 - Soos byvoorbeeld in Peter Schreiner: Byzanz. 3de uitgawe, München 2008. Schreiner stel voor dat daar eers ná die afsterwe van Justinianus I (527-565) sprake kan wees van 'n "Bisantynse" periode; dus vroeg-Bisantyns vanaf die laat 6de tot die 9de eeu, Middel-Bisantyns vanaf die 9de eeu tot 1204 en laat-Bisantyns tot en met 1453. Die Cambridge History of the Byzantine Empire , wat in 2008 gepubliseer is, behandel die tydperk tussen die 6de en 15de eeu. John Haldon, 'n leidende deskundige, beskou die 7de eeu as die beslissende beginpunt van 'n Bisantynse geskiedenis in eie reg: John Haldon: Byzantium in the Seventh Century. The transformation of a Culture. 2de uitgawe. Cambridge 1997. Vergelyk ook: Mischa Meier: Ostrom-Byzanz, Spätantike-Mittelalter. Überlegungen zum „Ende“ der Antike im Osten des Römischen Reiches, in: Millennium 9 (2012), bl. 187-254 - Michael Grant: Morgen des Mittelalters. Völker und Reiche in der spätantiken Welt. Bergisch Gladbach: Gustav Lübbe 1982, bl. 16 - Peter Schreiner: Byzanz 565-1453. München: Oldenbourg 2008, bl. 60-61 - Schreiner (2008), bl. 103
<urn:uuid:d3cf4463-f095-4fed-82e3-817074e300df>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Oos-Romeinse_Ryk
2019-07-21T00:56:51Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526799.4/warc/CC-MAIN-20190720235054-20190721021054-00207.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999995
false
Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/8 April Jump to navigation Jump to search - 1646 – Die eerste koerantadvertensie verskyn in Engeland. - 1730 – Die eerste New Yorkse sinagoge, Shearith Israel, word ingewy. - 1848 – Andries Pretorius vaardig sy "eene Algemene Oproeping" uit waarin die Voortrekkers opgeroep word tot gewapende stryd teen die Britse magte. - 1904 – Frankryk en Groot-Brittanje teken die Entente cordiale. - 1905 – Die Britse Oos-Afrika-protektoraat word die Keniaanse kolonie.
<urn:uuid:f42cd183-b002-433c-8cff-97411d1bed8e>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Sjabloon:April_8_selektiewe_herdenkings
2019-07-23T12:03:06Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529276.65/warc/CC-MAIN-20190723105707-20190723131707-00527.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999499
false
Kategorie:Liedartikels sonder liedskrywers Hierdie is 'n versteekte kategorie Dit kategoriseer bladsye vir administratiewe doeleindes. Dit vorm nie deel van die ensiklopedie nie. | This category is for articles about songs where the article is missing the songwriters, because it has not been researched, noted in the relevant article, or available in a reliable source. If the songwriter is never likely to be known (e.g. for historical works), please use Category:Songwriter unknown. Hierdie kategorie bevat geen bladsye of media nie.
<urn:uuid:e667eac8-b08f-4a57-8bbd-362dd9f55a81>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Liedartikels_sonder_liedskrywers?from=Aw
2019-07-22T06:08:39Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527531.84/warc/CC-MAIN-20190722051628-20190722073628-00391.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.909397
false
Kategorie:Liedartikels sonder liedskrywers Hierdie is 'n versteekte kategorie Dit kategoriseer bladsye vir administratiewe doeleindes. Dit vorm nie deel van die ensiklopedie nie. | This category is for articles about songs where the article is missing the songwriters, because it has not been researched, noted in the relevant article, or available in a reliable source. If the songwriter is never likely to be known (e.g. for historical works), please use Category:Songwriter unknown. Hierdie kategorie bevat geen bladsye of media nie.
<urn:uuid:787596dd-2e0d-40ee-b898-950c35f0082a>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Liedartikels_sonder_liedskrywers?from=Sy
2019-07-22T06:24:45Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527531.84/warc/CC-MAIN-20190722051628-20190722073628-00391.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.909397
false
Kategorie:Wikipedia-artikels met ULAN-identifiseerders Jump to navigation Jump to search (vorige bladsy) (volgende bladsy) Vir meer inligting, sien Wikipedia:Gesagbeheer. Hierdie is 'n versteekte kategorie Dit kategoriseer bladsye vir administratiewe doeleindes. Dit vorm nie deel van die ensiklopedie nie. | Bladsye in kategorie "Wikipedia-artikels met ULAN-identifiseerders" Die volgende 37 bladsye is in hierdie kategorie, uit 'n totaal van 1 018. (vorige bladsy) (volgende bladsy)W - Orson Welles - Arthur Wellesley, 1ste hertog van Wellington - Wim Wenders - Pieter Wenning - Wêreldgesondheidsorganisasie - Wêreldhandelsorganisasie - Julius Charles Wernher - Westminster-abdy - Walt Whitman - Sytze Wierda - Oscar Wilde - Wilhelm Dilthey - Willem I van Engeland - Willem III van Engeland - William Faulkner - William IV van die Verenigde Koninkryk - William Shakespeare - Ludwig Wittgenstein - Jefgeni Woetsjetitsj - Tom Wolfe - Maksimilian Wolosjin - Garnet Wolseley - Richard Caton Woodville - William Wordsworth - Mary Woronov - Frank Lloyd Wright
<urn:uuid:4aac75a7-1399-432b-ba31-e87f8fc48e64>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Wikipedia-artikels_met_ULAN-identifiseerders?from=Wb
2019-07-18T11:46:41Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525627.38/warc/CC-MAIN-20190718104512-20190718130512-00495.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.993016
false
Llwynywermod Dit is geleë naby die dorp Myddfai, Llandovery, Carmarthenshire; prins Charles het dit in Maart 2007 gekoop. Die drieslaapkamer-plaashuis, wat deur Craig Hamilton Architects[1] in ’n woning vir prins Charles omskep is,[2] was eers die waenhuis van die nou verwoeste 13-slaapkamer-landhuis van die Griffies-Williams-familie daar naby. Charles en Camilla, die Hertogin van Cornwallis, het in Junie 2008 in die huis begin bly wanneer hulle Wallis besoek. Huise in die binnehof word as vakansieverblyf gebruik as die prins nie daar woon nie.[3] Die historikus Mark Baker het ’n boek geskryf oor die geskiedenis en restourasie van die landgoed met die naam A Royal Home in Wales: Llwynywermod.[4] Dit is in Februarie 2008 in ’n spesiale leeromslag aan die Prins van Wallis geskenk. Verwysings[wysig | wysig bron] - Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Llwynywermod - Craig Hamilton Architects: Llwynywermod - "The Prince of Wales visits Llwynywermod near Myddfai" - Premier Cottages - Baker, Mark (2008). A Royal Home in Wales: Llwynywermod. Accent Press. ISBN 978-1-906373-60-3. Verdere leesstof[wysig | wysig bron] - Baker, Mark (2008). A Royal Home in Wales: Llwynywermod. Accent Press. ISBN 978-1-906373-60-3. Eksterne skakels[wysig | wysig bron] - Eiendom in die noorde van Cornwallis - Eiendom in die weste van Cornwallis - BBC NEWS: "In pictures: Charles' Welsh home" - Daily Telegraph: "Head to Wales to find a farm fit for a Prince" - The Times: "After 37 years as Prince of Wales, Charles finally buys a home there" - BBC NEWS: "Royal History of Charles' Estate"
<urn:uuid:2790ab25-268e-45c5-99a5-70676941ac22>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Llwynywermod
2019-07-18T11:23:14Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525627.38/warc/CC-MAIN-20190718104512-20190718130512-00495.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998445
false
Verwante veranderings Jump to navigation Jump to search Tik 'n bladsynaam om veranderinge aan bladsye te sien wat daarvan of daarheen skakel. (Om inskrywings van 'n kategorie te sien, tik Kategorie:Naam van kategorie). Veranderinge aan bladsye op u dophoulys word in vetdruk aangedui. Lys van afkortings: - N - Met die wysiging is 'n nuwe bladsy geskep. (sien ook die lys van nuwe bladsye) - k - Hierdie is 'n klein wysiging - b - Hierdie wysiging is deur 'n bot gemaak - D - Wikidata-wysiging - (±123) - Bladsy is met die aantal grepe gewysig
<urn:uuid:fbd72811-7d9b-4a72-a531-4da33a406645>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:OnlangseVeranderingsMetSkakels/Chen_Shui-bian
2019-07-18T11:22:00Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525627.38/warc/CC-MAIN-20190718104512-20190718130512-00495.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999999
false
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns is 'n multidissiplinêre organisasie wat hom beywer vir die bevordering van wetenskap, tegnologie en kunste in Afrikaans, asook die bevordering van die gebruik en gehalte van Afrikaans. Die Hertzogprys word jaarliks vir 'n hoogstaande letterkundige werk toegeken. Inhoud OntstaanWysig Die inisiatief vir die stigting van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het gekom van genl. J.B.M. Hertzog. Hertzog was 'n besonder groot kampvegter vir die Nederlands-Afrikaanse taal. Hy het voorgestel "dat een lichaam in 't leven worde geroepen ter bevordering van de Hollandse taal en letteren in Zuid-Afrika". Op 2 Julie 1909, terwyl die Nasionale Konvensie in Bloemfontein onderweg was, kom die eerste 30 lede van die liggaam byeen om die Zuid-Afrikaanse Akademie voor Taal, Letteren en Kunst te stig. Die doel van die akademie was: "De handhaving en bevordering van de Hollandse Taal en Letteren, en van de Zuid-Afrikaanse Geschiedenis, Oudheidkunde en Kunst", met 'n byvoeging: "Onder 't Hollands wordt verstaan: beide taalvormen gebruiklijk in Zuid-Afrika". Die primêre doel van die Akademie was aanvanklik om Nederlands, maar ook Afrikaans te bevorder. Die naam van die Akademie is in 1942 gewysig na die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns toe 'n nuwe fakulteit 'natuurwetenskap en tegniek' geskep is. WerksaamhedeWysig Sedertdien was dit verantwoordelik vir die totstandkoming van onder meer die Stigting Simon van der Stel en die Afrika-instituut. Voorts beywer die Akademie hom daarvoor om belangstelling in die Suid-Afrikaanse geskiedenis, oudhede, kuns en Afrikaanse taal en letterkunde te bevorder. Die Akademie het deur die jare bekend geword weens die gereelde toekenning van literêre pryse (waarvan die Hertzogprys die bekendste is), en ander prestigepryse soos die N.P. van Wyk Louw-medalje. Die Taalkommissie van die S.A. Akademie is belas met die taak om gesaghebbende uitsprake oor Afrikaans te lewer. In die begin het die vaslegging van 'n uniforme spelling vir Afrikaans byna al die kommissie se tyd in beslag geneem, maar mettertyd het hy al hoe meer terreine van die taalgebruik betree. Die kommissie se werkswyse deur die jare het daartoe aanleiding gegee dat sy spelreëls allerweë as gesaghebbend aanvaar word. Sy besluite word van tyd tot tyd in die Afrikaanse woordelys en spelreëls gepubliseer. Die agtste uitgawe was in 1991, die negende in 2002 en die tiende in 2009. VoorsittersWysig - Pres. M.T. Steyn (1909–1916) - Prof. Adriaan Moorrees (1917–1922) - Dr. F.V. Engelenburg (1923–1925) - Prof. D.F. Malherbe (1925–1927) - Sen. F.S. Malan (1927–1930) - Dr. F.V. Engelenburg (1930–1932) - Prof. D.F. Malherbe (1932–1934) - Sen. F.S. Malan (1936-1936) - Dr. E.G. Jansen (1937–1938) - Dr. S.H. Pellissier (1939–1946) - Dr. J.K. Marais (1946–1949) - Prof. S.P.E. Boshoff (1949–1950) - Prof. T.H. le Roux (1950–1952) - Dr. T.E.W. Schumann (1952–1955) - Prof. F.E.J. Malherbe (1955–1958) - Dr. F.J. de Villiers (1958–1961) - Prof. P.F.D. Weiss (1961–1963) - Dr. A.J.A. Roux (1963–1965) - Prof. P.J. Nienaber (1965–1967) - Dr. S. Meiring Naudé (1967–1969) - Prof. G. Cronjé (1969–1971) - Prof. H.L. de Waal (1971–1973) - Prof. Gerhard J. Beukes (1973–1975) - Dr. C van der Merwe Brink (1975–1977) - Prof. A.P. Grové (1977–1979) - Prof. H.W. Snyman (1979–1981) - Prof. F.C. Fensham (1981–1983) - Dr. C.F. Garbers (1983–1985) - Prof. J.A. Heyns (1985–1987) - Dr. R.R. Arndt (1987–1989) - Prof. Elize Botha (1989–1991) (Eerste vroulike voorsitter) - Dr. L. Alberts (1991–1993) - Prof. W.T. Claassen (1993–1995) - Prof. F.P. Retief (1995–1997) - Prof. L.M. Brümmer (1997–1999) - Prof. P.H. Kapp (1999–2001) - Prof. T. Erasmus (2001–2005) - Prof. H.P. van Coller (2005–2009) - Dr. W. van Zyl de Villiers (2009–2011) - Prof. W.A.M. Carstens (2011–2014) - Prof. W. Pienaar (2014-2017) - Prof. Irma Eloff (2017- ) EreledeWysig Erelidmaatskap van die Akademie word dit as ’n besonder hoë eer beskou alhoewel dit met geen prys of penning gepaardgaan nie. ’n Persoon word tot Erelid van die Akademie benoem ter erkenning van buitengewone dienste aan Suid-Afrika, aan die Afrikaanse taal, of aan die Akademie in die besonder. - 1909 – Pres. F.W. Reitz - 1912 – Prof. J.I. Marais - 1917 – Prof. P.J.G. de Vos; C.P. Hoogenhout - 1918 – D.F. du Toit - 1919 – J.E.A. Volschenk - 1921 – G.J. Malherbe - 1922 – M.J. Stucki; G.R. von Wielligh - 1927 – Dr. J.D. Kestell; prof. Adriaan Moorrees - 1930 – Jan F.E. Celliers - 1931 – Dr. W.J. Leyds - 1935 – Prof. D.C. Hesseling; J.S.M. Rabie - 1938 – Prof. J.W. Pont - 1941 – Prof. J.D. du Toit; prof. A. Francken; genl. J.B.M. Hertzog; sen. F.S. Malan; Anton van Wouw - 1942 – G.S. Preller - 1947 – Prof. G. Besselaar; mnr. N.C. Havenga; dr. F.E.T. Krause - 1951 – Jochem van Bruggen - 1953 – Dr. E.G. Jansen; dr. D.F. Malan; dr. M.E. Rothmann - 1955 – Adv. J.G. Strijdom - 1956 – Dr. Hans Vedder - 1957 – Gerard Moerdyk, J.H. Pierneef - 1959 – J.G.H. Bosman; prof. B.B. Keet; Maggie Laubser; dr. H.F. Verwoerd - 1960 – Staatspres. C.R. Swart - 1961 – Prof. T.H. le Roux; sen. C.A. van Niekerk - 1962 – Prof. M.R. Breyne; sen. Jan de Klerk; dr. T.E. Dönges - 1963 – Prof. S.P.E. Boshoff; mnr. I.M. Lombard; N.P. van Wyk Louw; prof. D.F. Malherbe; prof. D.F. du T. Malherbe; dr. T.E.W. Schumann - 1965 – Dr. F.J. de Villiers; F.H. Odendaal; dr. S. Henri Pellissier - 1966 – Dr. F.C.L. Bosman; adv. B.J. Vorster - 1968 – Staatspres. J.J. Fouché; dr. Jan van den Berg - 1969 – Prof. G. Dekker; prof. C.G.S. de Villiers; dr. A.L. Geyser; prof. T.J. Haarhoff; dr. L.W. Hiemstra; dr. J.E. Holloway; mev. M.M. Jansen; dr. A.D. Keet; prof. F.E.J. Malherbe; dr. H.O. Mönnig; dr. H.J. van Eck - 1970 – Dr. S.J. du Toit - 1971 – Prof. G.S. Nienaber; prof. H.G. Stoker - 1972 – Prof. J. du P. Scholtz - 1973 – Prof. M.S.B. Kritzinger; dr. Theo Wassenaar - 1974 – Dr. C.F. Krige - 1975 – Dr. N. Diederichs - 1977 – Dr. S. Meiring Naudé - 1978 – Dr. A.J.A. Roux; dr. R.L. Straszacker - 1980 – Dr. P.J. Meyer - 1981 – Prof. G. Cronjé; prof. C.H. Rautenbach; prof. H.B. Thom - 1983 – Prof. W. Kempen; prof. D.J. Opperman; prof. M. Versfeld - 1984 – Prof. Gerhard J. Beukes; prof. P.J. Nienaber; staatspres. Marais Viljoen - 1987 – Staatspres. P.W. Botha; regter V.G. Hiemstra; prof. H.W. Snyman - 1988 – Dr. W.L. Grant - 1989 – Hoofregter P.J. Rabie - 1991 – Prof. P.J. Cillié; Elisabeth Eybers; prof. Ernst van Heerden - 1993 – Prof. H.P. van der Schijff - 1994 – Mev. Audrey (Blignault) de Villiers - 1995 – Prof. P.W. Hoek; mev. A.M. Hofmeyr - 1996 – Prof. E.P. Groenewald; prof. A.P. Grové; dr. D.G. Roos - 2001 – Dr. Louw Alberts; dr. A.E. Rupert - 2002 – Mev. Mimi Coertse - 2003 – Dr. C.F. Garbers; prof. Réna Pretorius - 2004 – Prof. Elize Botha - 2006 – Prof. A.J. Brink; prof. A.H. van Wyk - 2007 – Dr. Bettie Cilliers-Barnard; prof. G.J. Gerwel; prof. P.H. Kapp; dr. F.A. Sonn - 2008 – Dr. R.R. Arndt; prof. T.T. Cloete; prof. S. Grové; prof. P. Smit - 2009 – Oudpres. F.W. de Klerk; oudpres. N.R. Mandela; hoogeerwaarde Desmond Tutu - 2014 – Prof. Theuns Erasmus[1] - 2015 – Prof. J.C. Steyn - 2016 – Prof. Adam Small[2] ToekenningsWysig Pryse, erepennings, medaljes en beurse wat deur die Akademie toegeken word/is word hier onder genoem. PryseWysig - Hertzogprys - Eugène Maraisprys - Scheepersprys vir Jeugliteratuur - SA Akademieprys vir Vertaalde Werk - Alba Bouwerprys vir Kinderliteratuur - Elsabe Steenbergprys vir Vertaalde Kinder- en Jeugliteratuur in Afrikaans - C.J. Langenhovenprys vir Taalwetenskap - Gustav Prellerprys vir Literatuurwetenskap en Letterkundige Kritiek - Toon van den Heeverprys vir Regswetenskap - D.F. du Toit-Malherbeprys vir Genealogiese Navorsing - Stalspryse - Totiusprys vir Teologie en die studie van die grondtale van die Bybel - Samuel Edward Mqhayiprys - Olive Schreinerprys vir Engelse Letterkunde - Poortkompetisie (PUK-Kanselierstrustprys) - Havengapryse - Albert Stratingprys vir Voorkomende Geneeskunde - FARMOVS-prys vir Farmakologie en Geneesmiddelontwikkeling - Douw Greeffprys - Esther Greeffprys - Louis Hiemstraprys vir Niefiksie - Huberte Rupertprys vir Klassieke Musiek - C.L. Engelbrechtprys - Protea Boekhuisprys vir die beste Geskiedenisverhandeling - Poortprys MedaljesWysig - Tienie Hollowaymedalje vir Kleuterliteratuur - Markus Viljoenmedalje vir Joernalistieke Prestasie - D.F. Malanmedalje - Ds. Pieter van Drimmelenmedalje - N.P. van Wyk Louwmedalje - Elizabeth C. Steijnmedalje - Frans du Toitmedalje vir Bedryfsleiding - Transnetmedalje - Goue Akademiemedalje vir Natuurwetenskaplike en Tegniese Prestasie - M.T. Steynmedalje vir Natuurwetenskaplike en Tegniese Prestasie - Senior Kaptein Scottmedalje - Junior Kaptein Scottmedalje - Christo Wiesemedalje vir ’n Opkomende Entrepreneur ErepenningsWysig - Erepenning vir Afrikaanse Radiohoorspele en Erepenning vir Afrikaanse Radiohoorbeelde - Erepenning vir Afrikaanse Televisiedramas en Erepenning vir Afrikaanse Dokumentêre Televisieprogramme - Erepenning van die Akademie - Erepenning vir Wetenskaplike Vakbevordering - Erepenning van die Fakulteit Natuurwetenskap en Tegnologie AnderWysig - Elisabeth Eybersbeurs - Spesiale Oorkondes BronneWysig - Combrink, Johan en Spies, Johan. Sakboek van regte Afrikaans, Tafelberg, Kaapstad, 1994 - Schirmer, Peter. Die beknopte geïllustreerde ensiklopedie van Suid-Afrika, Sentrale Nuusagentskap (Edms.) Bpk., Johannesburg, 1981 - Kapp, Pieter (P.H.). Draer van 'n droom: Die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 1909–2009, Hemel & See Boeke, Hermanus, 2009 - "Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns: Bekronings 2014" (html). Litnet. 28 Maart 2014. Besoek op 1 Julie 2016. - "Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns: Bekronings 2016" (html). Litnet. 31 Maart 2016. Besoek op 1 April 2016.
<urn:uuid:96e84144-06e9-44ac-aef3-87bd5d2ccff1>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Suid-Afrikaanse_Akademie_vir_Wetenskap_en_Kuns
2019-07-19T19:06:41Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526337.45/warc/CC-MAIN-20190719182214-20190719204214-00095.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.995293
false
Hrabowe Hrabowe Грабове | Koördinate: Koördinate: | | Land | Oekraïne | ---|---| Oblast | Donetsk | Oppervlak | | - Dorp | 8,56 km² (3,31 vk m) | Hoogte | 190 m (620 vt) | Bevolking (2001) | | - Dorp | 1 000 | - Digtheid | 120/km² (300/vk m) | Poskode | 86234 | Skakelkode(s) | 380 6255 | Webwerf: rada.gov.ua/ | Hrabowe (Oekraïens: Грабове, Russies: Грабово) is 'n dorp in die ooste van Oekraïne in die Donetsk-oblast. Die dorp lê oos van stad Donetsk aan die Mius-rivier, wat tewens die grens tussen die Donetsk- en die Loehansk-oblast vorm. Volgens die Oekraïense sensus van 2001 het die plek 'n bevolking van 1 000 inwoners.
<urn:uuid:9fb0ae02-0613-4052-ab03-da04da143117>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Hrabove
2019-07-19T19:03:34Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526337.45/warc/CC-MAIN-20190719182214-20190719204214-00095.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.986503
false
Hulp Kategorie:Herehuise in die Verenigde State van Amerika in Wikipedia, die vrye ensiklopedie Jump to navigation Jump to search Wikimedia Commons bevat media in verband met Country houses in the United States . Bladsye in kategorie "Herehuise in die Verenigde State van Amerika" Die volgende 4 bladsye is in hierdie kategorie, uit 'n totaal van 4. B Biltmore House G Gaineswood H Hearst Castle V Villa Philmonte Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Kategorie:Herehuise_in_die_Verenigde_State_van_Amerika&oldid=1887945 " Kategorieë : Geboue en strukture in die Verenigde State van Amerika Herehuise Versteekte kategorie: Commons-kategorie sonder 'n skakel op Wikidata Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Kategorie Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Druk/eksporteer Skep boek Laai af as PDF Drukbare weergawe Gereedskap Skakels hierheen Verwante veranderings Spesiale bladsye Permanente skakel Bladinligting Wikidata-item Ander tale Deutsch Wysig skakels Die bladsy is laas op 16 Januarie 2019 om 15:55 bygewerk. Die teks is beskikbaar onder die lisensie Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel . Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting. Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:5c6ed7ad-3073-4de0-abad-7ae6afc7958e>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Herehuise_in_die_Verenigde_State_van_Amerika
2019-07-19T19:17:50Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526337.45/warc/CC-MAIN-20190719182214-20190719204214-00095.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999042
false
Kolmanskop Kolmanskop | | Lugfoto van die dorp | | Koördinate: Koördinate: | | Land | Namibië | ---|---| Streek | ǀǀKaras | Tydsone | SAST (UTC+2) | Kolmanskop is 'n spookdorp in die Namibwoestyn in die suide van Namibië, 10 km binnelands vanaf die hawestad Lüderitz. Dit is vernoem na die transportryer Johnny Coleman, wat tydens 'n sandstorm sy ossewa verlaat het om langs 'n helling teenoor die nedersetting te skuil.[1] Dit was eens 'n klein, maar baie ryk myndorpie. Tans is dit 'n gewilde toeristebestemming wat deur Namdeb (Namibië-De Beers) bestuur word. In 1908 ontdek Zacharias Lewala 'n diamant in die gebied en wys dit aan sy toesighouer, Augustus Stauch, 'n Duitse spoorlyn-inspekteur. Met die besef dat die gebied ryk aan diamante is, het Duitse mynwerkers begin instroom. Kort daarna verklaar die Duitse regering 'n groot gebied as 'n "Sperrgebiet", en begin om die diamante in die veld te ontgin.[2] Die eerste mynwerkers het hul nuutgevonde rykdom gebruik om die dorp te bou. Die argitektoniese styl van 'n Duitse dorpie is nagevolg en geriewe en instellings is aangelê, insluitend 'n hospitaal, danssaal, kragstasie, skool, kegel-stegie, teater en sportsaal, casino en ys-fabriek. Die eerste X-straal-stasie in die suidelike halfrond, asook die eerste trem in Afrika is opgerig, en die dorp is per spoor met Lüderitz verbind. Ná die Eerste Wêreldoorlog het die dorp stadig agteruit begin gaan, toe die diamantveld uitgeput begin raak het. In 1928 is van die rykste diamantdraende deposito ooit 270 km suid van Kolmanskop (op die strand naby die Oranjerivier) ontdek. Baie van die dorp se inwoners het die stormloop na die suide gevolg en hulle huise en besittings agtergelaat. Die dorp was uiteindelik in 1954 verlate. Die geologiese kragte van die woestyn het oorgeneem en toeriste kan nou kniediep in sand deur die huise loop. Kolmanskop is veral gewild onder fotograwe wat die natuur se uitwerking op die eens vooruitstrewende dorp wil dokumenteer. As gevolg van die dorp se ligging in die Sperrgebiet moet toeriste 'n permit kry om die dorp te besoek. Permitte kan by die hek in die dorp gekoop word. Toere vertrek daagliks om 09:30 en 11:00 (plaaslike tyd, GMT+2), en om 10:00 op Sondae. Fotogalery[wysig | wysig bron] Literatuur[wysig | wysig bron] - Noli, Gino: Desert Diamonds. Gino Noli, Plettenberg Bay 2010, ISBN 978-0-620-40680-2.
<urn:uuid:78beb482-f394-4955-a15e-ec5a50af6aee>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kolmanskop
2019-07-19T19:36:56Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526337.45/warc/CC-MAIN-20190719182214-20190719204214-00095.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999988
false
Hulp Bladsye wat na "Nils Holgersson se wonderbaarlike reis" skakel ← Nils Holgersson se wonderbaarlike reis Jump to navigation Jump to search Skakels hierheen Bladsy: Naamruimte: alle (Hoof) Bespreking Gebruiker Gebruikerbespreking Wikipedia Wikipediabespreking Lêer Lêerbespreking MediaWiki MediaWikibespreking Sjabloon Sjabloonbespreking Hulp Hulpbespreking Kategorie Kategoriebespreking Portaal Portaalbespreking Module Module talk Gadget Gadget talk Gadget definition Gadget definition talk Omgekeerde seleksie Filters Versteek insluitings | Versteek skakels | Versteek aansture Die volgende bladsye skakel na Nils Holgersson se wonderbaarlike reis : Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). Nils Holgersson (aanstuurblad) ( ← skakels wysig ) Nils Holgerson (aanstuurblad) ( ← skakels wysig ) Selma Lagerlöf ( ← skakels wysig ) Nils Holgerssons underbara resa genom Sverige (aanstuurblad) ( ← skakels wysig ) Le Monde se 100 boeke van die eeu ( ← skakels wysig ) Bespreking:Nils Holgersson se wonderbaarlike reis ( ← skakels wysig ) Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Nils_Holgersson_se_wonderbaarlike_reis " Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Gereedskap Spesiale bladsye Drukbare weergawe Ander tale Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:8e6e9464-f9f0-4a56-bc29-d62f506c6b48>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Nils_Holgersson_se_wonderbaarlike_reis
2019-07-19T18:53:23Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526337.45/warc/CC-MAIN-20190719182214-20190719204214-00095.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.997628
false
Hulp Bladsye wat na "Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/Desember" skakel ← Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/Desember Jump to navigation Jump to search Skakels hierheen Bladsy: Naamruimte: alle (Hoof) Bespreking Gebruiker Gebruikerbespreking Wikipedia Wikipediabespreking Lêer Lêerbespreking MediaWiki MediaWikibespreking Sjabloon Sjabloonbespreking Hulp Hulpbespreking Kategorie Kategoriebespreking Portaal Portaalbespreking Module Module talk Gadget Gadget talk Gadget definition Gadget definition talk Omgekeerde seleksie Filters Versteek insluitings | Versteek skakels | Versteek aansture Die volgende bladsye skakel na Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/Desember : Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings ( ← skakels wysig ) Sjabloon:UitgesoekteHerdenkingsBalk ( ← skakels wysig ) Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/Januarie ( ← skakels wysig ) Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/Maart ( ← skakels wysig ) Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/Julie ( ← skakels wysig ) Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/Mei ( ← skakels wysig ) Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/Augustus ( ← skakels wysig ) Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/Oktober ( ← skakels wysig ) Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/April ( ← skakels wysig ) Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/Junie ( ← skakels wysig ) Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/September ( ← skakels wysig ) Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/November ( ← skakels wysig ) Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/Februarie ( ← skakels wysig ) Gebruiker:Leviel/Sandput ( ← skakels wysig ) Gebruiker:Legobot/Wikidata/General ( ← skakels wysig ) Wikipedia:Statistiek/2013 ( ← skakels wysig ) Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Wikipedia:Uitgesoekte_herdenkings/Desember " Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Projekblad Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Gereedskap Spesiale bladsye Drukbare weergawe Ander tale Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:0c6c6246-7c82-4b4b-b39b-5af57c387617>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Wikipedia:Uitgesoekte_herdenkings/Desember
2019-07-19T19:09:24Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526337.45/warc/CC-MAIN-20190719182214-20190719204214-00095.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.996695
false
Diepspruit Jump to navigation Jump to search Diepspruit | | ---|---| Oorsprong | Drakensberge | Monding | Kraairivier | Stroomgebied | Oos-Kaap, Suid-Afrika | Koördinate: Koördinate: | Eksterne skakel[wysig | wysig bron] - Google-kaart van die Diepspruit se monding by Geonames.org (cc-by)
<urn:uuid:27e52525-3b42-4541-8c7b-053c0794409b>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Diepspruit
2019-07-22T06:25:38Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527531.84/warc/CC-MAIN-20190722051628-20190722073628-00415.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.950823
false
Ensiforme kraakbeen Ensiforme kraakbeen | || Inligting en eksterne bronne | || Die posisie van die ensiforme kraakbeen (in rooi). | || Inligting | || Latyn | Processus xiphoideus | | Ligging | Bors | | Aangeheg | Borsbeen | | Werking | Anker baie spiere | | Eksterne bronne | || MeSH | D014989 | | FMA | 7488 | Die ensiforme kraakbeen of xifisternum is ’n klein kraakbeenuitsteeksel en ’n verlengstuk van die laer deel van die borsbeen wat gewoonlik verhard is in die volwasse mens.[1] Albei terme beteken "swaardvormig"; ensiform is uit Latyn en xifoïed uit Grieks. Struktuur[wysig | wysig bron] Die ensiforme kraakbeen is op die vlak van die 9de borswerwel en die T6-dermatoom. Ontwikkeling[wysig | wysig bron] In pasgebore babas en baie jong kinders kan die punt van die ensiforme kraakbeen gesien en gevoel word as ’n knop net onder die borsbeenkeep. Teen die ouderdom van 15 tot 29 smelt dié kraakbeen saam met die res van die borsbeen. Dit is onbeweeglik en verhard teen die ouderdom van sowat 40.[2] Funksie[wysig | wysig bron] Amper nes die eerste sewe ribbes aan die borsbeen heg, verbind die kraakbeen in die buikpleksus met die ensiforme kraakbeen. Dit versterk dié kraakbeen en heg onregstreeks die tussenribkraakbeen aan die borsbeen. Die ensiforme kraakbeen is betrokke by die vashegting van baie spiere, insluitende die middelrif – ’n spier wat noodsaaklik is in normale asemhaling. Dit anker ook die reguit buikspier. Verwysings[wysig | wysig bron] - Muscolino, Joseph E. (2008). The Muscle and Bone Palpation Manual with Trigger Points, Referral Patterns and Stretching. Elsevier Health Sciences. p. 104. ISBN 978-0323051712. - Moore, Keith L. Moore Clinically Oriented Anatomy (7 uitg.). LWW. p. 84. ISBN 9781451119459.
<urn:uuid:df77d074-d3ee-4658-8386-29b6bca3c8f0>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Ensiforme_kraakbeen
2019-07-22T06:07:30Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527531.84/warc/CC-MAIN-20190722051628-20190722073628-00415.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99979
false
Gebruiker:Vandermee in Wikipedia, die vrye ensiklopedie Jump to navigation Jump to search Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Gebruiker:Vandermee&oldid=430585 " Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Gebruikerblad Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Druk/eksporteer Skep boek Laai af as PDF Drukbare weergawe Gereedskap Skakels hierheen Verwante veranderings Gebruikersbydraes Logboeke View user groups Spesiale bladsye Permanente skakel Bladinligting Ander tale Die bladsy is laas op 18 Februarie 2009 om 16:02 bygewerk. Die teks is beskikbaar onder die lisensie Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel . Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting. Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:fe78e3e3-dbed-4e58-a0fc-9667ab1119e4>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Gebruiker:Vandermee
2019-07-19T19:23:40Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526337.45/warc/CC-MAIN-20190719182214-20190719204214-00119.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999405
false
Hulp Kategorie:Oudiosjablone in Wikipedia, die vrye ensiklopedie Jump to navigation Jump to search Bladsye in kategorie "Oudiosjablone" Hierdie kategorie bevat slegs die volgende bladsy. A Sjabloon:Audio Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Kategorie:Oudiosjablone&oldid=282667 " Kategorie : Sjablone Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Kategorie Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Druk/eksporteer Skep boek Laai af as PDF Drukbare weergawe Gereedskap Skakels hierheen Verwante veranderings Spesiale bladsye Permanente skakel Bladinligting Wikidata-item Ander tale Voeg skakels by Die bladsy is laas op 27 Januarie 2008 om 14:34 bygewerk. Die teks is beskikbaar onder die lisensie Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel . Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting. Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:d045245a-cf91-4ee6-b582-498079d25537>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Oudiosjablone
2019-07-19T19:12:38Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526337.45/warc/CC-MAIN-20190719182214-20190719204214-00119.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999334
false
Kathleen McGowan Kathleen McGowan is 'n Amerikaanse skryfster wat met haar romanreeks The Magdalene Line internasionale sukses behaal het. Haar boeke is al in vyftien tale vertaal. McGowan, 'n boorling van Hollywood, Kalifornië, het op die ouderdom van 21 as verslaggeefster na Noord-Ierland gegaan en in die volgende jare reise na die vasteland van Europa en die Nabye Ooste onderneem. Ná haar terugkeer na die Verenigde State was sy onder meer as hoofredakteur vir die Irish News en die Walt Disney Corporation werksaam. Sy het haarself daarnaas ook as draaiboekskryfster bekwaam en is tans besig met 'n dokumentêr oor haar reise. The Magdalene Line-reeks[wysig | wysig bron] The Magdalene Line is 'n romanreeks waarin fiktiewe en historiese vroulike karakters figureer wat volgens McGowan in die geskiedenis valslik uitgebeeld of selfs uitgewis is. Kathleen McGowan het in 1989 met die navorsing en skryfwerk vir haar eerste roman The Expected One begin het. Sy het die boek in 2005 self gepubliseer en 2 500 eksemplare verkoop. Die roman is op 25 Julie 2006 deur die Amerikaanse uitgewery Simon & Schuster se etiket Touchstone geherpubliseer. The Book of Love is die tweede roman in die reeks wat in 2009 verskyn het en oor die lewe van Sint Mathilda van Canossa handel. Een jaar later het die derde roman, The Poet Prince, oor die lewe van Lorenzo de Medici gevolg. Maureen Paschal, 'n jong Amerikaanse joernalis wat beweerde historiese of Christelike raaisels oplos, is die fiktiewe sentrale karakter in alle romans. Ander fiktiewe romanfigure is Berenger Sinclair en Tamara Wisdom, net soos die raaiselagtige karakter Destino. The Source of Miracles[wysig | wysig bron] The Source of Miracles is 'n selfhelpboek wat op Christelike gebede baseer en vir die leser die moontlikheid bied om sy lewe in sewe stappe te verander. Dié proses baseer op die sesblarige roos wat in die sentrum van die doolhof in die katedraal van Chartres, Frankryk uitgebeeld is. Werke[wysig | wysig bron] - The Poet Prince, 2010 - The Source of Miracles: Seven Steps to Transforming Your Life Through the Lord's Prayer, Fireside, 2009.ISBN 978-1-4391-3765-9 - The Book of Love, 2009. - The Expected One, Touchstone, 2006. ISBN 0-7432-9942-6 - Hot Chocolate for the Mystical Teenage Soul, Plume, 2000. ISBN 0-452-28070-2 - Magical Souvenirs, Plume, 2002. ISBN 0-452-28305-1 - Sherdhana's Hand (lirieke) - The St Patrick's Day Song (lirieke)
<urn:uuid:d0e0c204-f57c-45c2-8ad0-422599c64ed3>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kathleen_McGowan
2019-07-19T19:26:20Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526337.45/warc/CC-MAIN-20190719182214-20190719204214-00119.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999539
false
Verwante veranderings Jump to navigation Jump to search Tik 'n bladsynaam om veranderinge aan bladsye te sien wat daarvan of daarheen skakel. (Om inskrywings van 'n kategorie te sien, tik Kategorie:Naam van kategorie). Veranderinge aan bladsye op u dophoulys word in vetdruk aangedui. Lys van afkortings: - N - Met die wysiging is 'n nuwe bladsy geskep. (sien ook die lys van nuwe bladsye) - k - Hierdie is 'n klein wysiging - b - Hierdie wysiging is deur 'n bot gemaak - D - Wikidata-wysiging - (±123) - Bladsy is met die aantal grepe gewysig 18 Julie 2019 - Frankryk; 10:07 +63 Voyageur →Geloof Etiket: 2017-bronwysiging k - Frankryk; 09:58 +323 Voyageur →Geloof Etiket: 2017-bronwysiging k - Frankryk; 09:53 +283 Voyageur →Geloof Etiket: 2017-bronwysiging k
<urn:uuid:09ed759f-ac1d-40a6-a35a-65ca22f94bc4>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:OnlangseVeranderingsMetSkakels/Chandigarh
2019-07-18T11:15:32Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525627.38/warc/CC-MAIN-20190718104512-20190718130512-00543.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999869
false
Maak hoofkeuseskerm oop Soek Wysigings ← Ouer wysiging Nuwer wysiging → 1719 (wysig) Wysiging soos op 22:42, 1 September 2010 13 grepe bygevoeg , 8 jaar gelede k robot Bygevoeg: pnb:1719 [[pi:१७१९]] [[pl:1719]] [[pnb:1719]] [[pt:1719]] [[qu:1719]] EmausBot 46 392 wysigings Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/671550 "
<urn:uuid:ed5cb102-2e81-4672-9441-8d6a3ce5edc2>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/671550
2019-07-21T00:17:09Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526799.4/warc/CC-MAIN-20190720235054-20190721021054-00303.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.993348
false
Petrus Steyn Petrus Steyn | | Petrus Steyn se neo-Bisantynse NG kerkgebou | | Petrus Steyn se ligging in Vrystaat Koördinate: Koördinate: | | Land | Suid-Afrika | ---|---| Provinsie | Vrystaat | Distrik | Thabo Mofutsanyane | Munisipaliteit | Nketoana | Stigting | 1912 | Oppervlak[1] | | - Dorp | 11,0 km² (4,2 vk m) | Hoogte | 1 700 m (5 577 vt) | Bevolking (2011)[1] | | - Dorp | 12 893 | - Digtheid | 1 172/km² (3 035,5/myl2) | Rasverdeling (2011)[1] | | • Blank | 3.4% | • Indiër/Asiër | 0.5% | • Kleurling | 0.3% | • Swart | 95.7% | • Ander | 0.1% | Taal (2011)[1] | | • Sotho | 83.2% | • Zoeloe | 7.4% | • Afrikaans | 4.6% | • Gebaretaal | 2.0% | • Ander | 2.8% | Poskode (strate) | 9640 | Skakelkode(s) | 058 | Petrus Steyn is 'n Oos-Vrystaatse dorpie tussen Lindley, Frankfort, Heilbron en Reitz. Die dorp is in 1914 uitgelê en genoem na die eienaar van die plaas waarop dit gestig is. Die dorp beskik oor die grootste graansilo's in die Vrystaat. Die naam[wysig | wysig bron] Die plaas Sterkfontein is in 1912 van die weduwee van mnr. Petrus Steyn gekoop, waarop die dorp op 11 Oktober 1912 aangelê is. Die dorp sou aanvanklik Concordia heet, maar 'n verkoopsvoorwaarde van die weduwee Steyn was dat die dorp Petrus Steyn moes heet. Daarvoor het sy 'n afslag op die oorspronklike koopsom aangebied. Vir baie jare was die NG Gemeente se naam Concordia, wat beteken Eendrag. Die kerk op die foto is gebou onder leiding van Ds. J.P.H. Steyn - die leraar van die gemeente vanaf 1928 - 1952 Algemene geskiedenis[wysig | wysig bron] Die eerste vergadering van die dorpsbestuur was gehou op 4 Desember 1912. Ten weste van die dorp is Elandskop geleë. Hierdie kop was gedurende die Anglo-Boere oorlog 'n uitstekende observasiepos vir Boer en Brit. Vir die Boeremagte was dit 'n besondere belangrike heliograafstasie, veral omdat die hoofkwartier van Generaal de Wet en ook die Regering te velde vir 'n geruime tyd naby die teenswoordige dorp was. Die Steyn familiekerkhof is as 'n afsonderlike erf uitgemeet. Die oorspronklike eienaar van die plaas Sterkfontein, Petrus Steyn, is hier begrawe. 'n Algemeen aanvaarde feit is, dat die Renosterrivier sy oorsprong in erf 502 het. Op die Dirkie Uysplein is 'n monument opgerig van klippe wat gedurende die simboliese ossewatrek daar deur besoekers gestapel is. Afdrukke van die ossewaspore is op 'n betonblad bewaar, asook die poskoets se spore sowel as die rapportryers. Die spoorwegstasie wat 1 680 meter bo seespieël is, was volgens navorsing die hoogste stasie met personeel, geleë by 'n dorp in die Vrystaat. Verdere navorsing het getoon dat Petrus Steyn as dorp die hoogste in die Vrystaat is, naamlik 1 702 meter bo seespieël. Die hoogste sylyn in die Vrystaat is Hoogte (1 710 m) en is 22 km vanaf Petrus Steyn op die teerpad na Heilbron geleë. NG Sendingkerkie[wysig | wysig bron] Agtien kilometer vanaf Petrus Steyn op die Frankfortpad staan 'n besondere NG Sendingkerkie, bekend as die Kruispadkerkie. Die kerkie was oorspronklik 'n ou huis wat voor die Tweede Vryheidsoorlog gebou was. Later is die gebou deur 'n grofsmid gebruik. Nadat die grofsmid verskuif het, het die gebou verval en is later gebruik as beeskraal. Die gebou is gedurende 1963 in 'n Sendingkerk omskep. Die denkwyses van die Swarte wat in beelde sien is in gedagte gehou met die herbouing. Die swart dak simboliseer die sonde en die koringgeel geute die rypheid van die mensdom vir die oordeel van God. Die ingang in die geboutjie is 'n ruwe houtdeur en binne is die twee helderrooi mure waardeur die bloed van Christus aangedui word, opvallend. Die twee ander mure is groen en dui geestelike groei. Die spierwit plafon simboliseer heiligmaking. Die mure is binne en buite verder afgewerk met die tipiese muurversierings van die Swarte. Die preekstoel is van ysterklip uit die onmiddellike omgewing. Die kateter is die hoeksteen van die ou NG Moederkerk wat die oorsprong van Moeder na Dogter simboliseer. Die doopfont is 'n opstapeling van versteende boomstompe waarop 'n maalklip geplaas is en waarin die doopwater gegooi word. Die teenwoordigheid van ruwe gesplete pale herinner aan die kruis. Die kollekteborde is kromsteelkalbasse wat oorgetrek is met tradisionele kralewerk. Ander feite[wysig | wysig bron] Op die plase Benadiesbanke, Bloukrans en Rockview is daar besondere mooi rotsformasies. Op die plaas Rockview is 'n sambreelvormige rots voor die agterdeur van die plaashuis, feitlik deel van die huis. Die rots is ongeveer 3 m hoog, onder ongeveer 4 m in omtrek en bo ongeveer 8 m in omtrek. Die bokant van die rots is hol.
<urn:uuid:e1ea8ba6-39ee-4cd6-bc6b-309c6152ea78>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Petrus_Steyn
2019-07-21T01:08:24Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526799.4/warc/CC-MAIN-20190720235054-20190721021054-00303.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999994
false
A.J. Hanekom Inhoud Lewe en werk[wysig | wysig bron] Vroeë lewe en herkoms[wysig | wysig bron] Albertus Johannes Hanekom was op 9 Augustus 1906 in die distrik Ceres in die Kaapprovinsie gebore. Hy matrikuleer op Somerset-Wes, waarna hy sy studies aan die Universiteit van Stellenbosch voortsit en in 1929 die B.A.-graad behaal, met Afrikaans en Sosiale Wetenskappe as hoofvakke. Hy het reeds die skriftelike eksamen vir toelating tot die Kweekskool afgelê, toe hy besluit om eerder verder in die sosiale wetenskappe te studeer. Loopbaan en persoonlike lewe[wysig | wysig bron] Hy trou in 1932 met Violet Grobbelaar, oorspronklik van Cradock. In Julie 1939 tree hy toe tot die redaksie van Die Oosterlig en is ook nuusredakteur van die gemeente Port Elizabeth-Wes se gemeenteblad Die Hawe. In Januarie 1949 begin hy by die Suid-Afrikaanse Wolraad werk en word hoof van die publikasie-afdeling van hierdie Raad. Op 22 November 1965 is hy in Pretoria oorlede. Skryfwerk[wysig | wysig bron] Hy stel baie belang in die amateurtoneel en neem ook deel aan verskeie opvoerings. Drama[wysig | wysig bron] Die skeidsmuur is ’n drama oor die armblanke probleem, met die titel wat sinspeel op die sosiale grense tussen gegoede en armer Afrikaners. Die drama gee die boodskap dat armoede nie die primêre probleem van armblankedom is nie. Dit is eerder die verlies van selfrespek wat betreurenswaardig is, soos gesien uit die uitbeelding van die arm maar ordentlike spoorwegfamilie van Johan Terblanche, gekontrasteer met hulle alkoholis buurman Gert. Aletta Terblanche, Johan se dogter, werk as huishulp by die burgemeester Van Zeelen, waar sy onderwerp word aan die nukke van die bedorwe dogter Helena, wat haar op haar plek wil hou. Die seun, Johan van Zeelen, is egter van mening dat die ryk Afrikaners deur hulle snobisme die skeidsmuur tussen ryk en arm vergroot en eerder die arm Afrikaner weer moet leer om sy selfrespek te herwin en sy plek as deel van die volk in te neem. Johan raak verlief op Aletta en trou eindelik met haar, teen sy familie se wense. Ander dramas wat hy skryf is die historiese drama Gideon Scheepers (saam met S.W. Liebenberg) wat hierdie held uit die Anglo-Boereoorlog as tema het; Die swart adelaar, ’n spanningsdrama wat in die veertigerjare deur Otto Wilmot se geselskap opgevoer word; en Berou. Prosa[wysig | wysig bron] Hy lewer ook prosawerke met die speurverhale Die hoogste prys en Greyling op die spoor. Nie-fiksie[wysig | wysig bron] In sy posisie as hoof van die publikasie-afdeling van die Wolraad stel hy die Vertalende en verklarende woordeboek vir die wolbedryf: Engels-Afrikaans, met verklarings in Afrikaans saam. Hierdie woordeboek word in 1958 gepubliseer en hy skryf ook ander werke oor die wolbedryf, soos The South African wool industry. ’n Reeks opvoedkundige boeke wat in beide Afrikaans en Engels deur die Wolraad uitgegee word is Op veld en vlakte, Van skeerskuur tot skeepsruim en Van vesel tot weefsel. Publikasies[wysig | wysig bron] Werke wat uit sy pen verskyn sluit in:[1] Jaar | Publikasies | ---|---| Fiksie | | 1938 | Die skeidsmuur | 1939 | Gideon Scheepers (saam met S.W. Liebenberg) | 1940 | Die swart adelaar | 1943 | Berou | 1944 | Die hoogste prys | 1945 | Greyling op die spoor | Nie-fiksie | | 1940 | The South African wool industry | 1957 | On veld and farm | Op veld en vlakte | | 1958 | Vertalende en verklarende woordeboek vir die wolbedryf : Engels-Afrikaans : met verklarings in Afrikaans | From shearing to shipment | | Van skeerskuur tot skeepsruim | | Wol onder die parsyster | | 1959 | From fleece to fabric | Van vesel tot weefsel | Bronnelys[wysig | wysig bron] Boeke[wysig | wysig bron] - Botha, Danie. Voetligte en applous! Protea Boekhuis. Pretoria. Eerste uitgawe. Eerste druk, 2006. - Dekker, G. Afrikaanse Literatuurgeskiedenis. Nasou Beperk. Kaapstad. Elfde druk, 1970. - Kannemeyer, J.C. Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 1. Academica. Pretoria en Kaapstad. Tweede druk, 1984. - Nienaber, P.J. Hier is ons skrywers! Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg. Eerste uitgawe, 1949. - Nienaber, P.J. et al. Perspektief en Profiel. Afrikaanse Pers-Boekhandel. Johannesburg. Derde hersiene uitgawe, 1969. - Van Coller, H.P. (red.) Perspektief en Profiel Deel I. J.L. van Schaik-Uitgewers. Pretoria. Eerste uitgawe, 1998. Ongepubliseerde dokumente[wysig | wysig bron] - Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) Bloemfontein. Hanekom, Albertus Johannes – Biografie.
<urn:uuid:d8ebb5bd-4e8f-4b52-a45d-dd16181ca89a>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/A.J._Hanekom
2019-07-22T05:57:39Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527531.84/warc/CC-MAIN-20190722051628-20190722073628-00463.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999986
false
Toyota S-enjin Vervaardiger | Toyota | ---|---| Konfigurasie | Inlynviersilinder | Plek in geskiedenis | | Opvolger | Toyota AZ enjin Toyota AR enjin | Toyota Motorkorporasie se S-familie was 'n reeks van inlynviersilinderenjins met 'n verplasing van 1.8 L tot 2.2 L. Hulle is van Januarie 1980 tot Augustus 2007 vervaardig. Die reeks het gegote yster enjinblokke en allooi silinderkoppe gehad. Huidige modelle: Auris · Avanza · Avensis · Camry · Corolla · Corolla Verso · Etios· FJ Cruiser · Fortuner · HiAce · Hilux · | || Wysig hierdie sjabloon |
<urn:uuid:fd7b5604-47a4-4cc4-a734-2e00671b8743>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Toyota_S-enjin
2019-07-22T05:56:40Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527531.84/warc/CC-MAIN-20190722051628-20190722073628-00463.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.984591
false
Vragvoertuig 'n Vragvoertuig is 'n tipe voertuig wat ontwerp is om 'n vrag (gewoonlik goedere of lewende hawe) te vervoer. Vragvoertuie is 'n noodsaaklike element van moderne ekonomieë, waar goedere van vervaardigers na store en uiteindelik na verbruikers geneem word. So moet brandstof van raffinaderye na petrolstasies vervoer word, en winkels se voorraad moet voortdurend aangevul word. Daar is verskeie tipes vragvoertuie. Die beste metode van vervoer word gewoonlik bepaal deur die kostes verbonde, asook afstande, terrein en infrastruktuur wat tussen die vervoerpunte beskikbaar is. Voorbeelde van vragvoertuie sluit in:
<urn:uuid:76f28cb9-f430-40e3-8d9b-841ec7986024>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Vragmotor
2019-07-22T06:01:15Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527531.84/warc/CC-MAIN-20190722051628-20190722073628-00463.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99997
false
Bhaadrapada Bhaadra is die sesde maand van die Hindoekalender. Bhaadra is ook bekend as bhaado of bhaadrapad. Bhaadra begin volgens die westerse kalender tussen 23 Augustus en 22 September wanneer die son in die sterrebeeld Leeu staan. Gedurende die maand Bhaadra word Ganesha Chaturthi gevier, die verjaarsdag van Ganesh.
<urn:uuid:2ea270ae-5f93-4e57-b1f6-42fa4e360d76>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bhaadrapada
2019-07-18T13:31:57Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525634.13/warc/CC-MAIN-20190718125048-20190718151048-00007.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999084
false
Koeweit Koeweit (Arabies: الكويت, al-Kuwait, [ɪl‿ɪkweːt] of [lɪkweːt]), amptelik die Staat Koeweit (دولة الكويت, Dawlat al-Kuwait, ), is 'n staat in die Midde-Ooste en Wes-Asië. Die land is aan die spits van die Persiese Golf (hier "Arabiese Golf" genoem) net suid van die Sjatt al-Arab (saamvloei van beide die Eufraat en Tigrisrivier) se monding, geleë. Dit lê noordoos van Saoedi-Arabië, suidoos van Irak en suidwes van Iran. Koeweit beslaan 'n oppervlakte van 17 818 km² en het 'n bevolking van 4 052 584 in 2016 gehad. Die hoofstad en grootste stad is Koeweitstad, met die Al Hamra-toring. Die amptelike taal is Arabies en van die belangrikste etniese groepe sluit in Arabiere en Bedoeïene. Koeweit beskik oor 'n groot aantal immigrante wat sowat 69% van die land se bevolking vorm.[5] Volkslied: النشيد الوطني Al-Nasheed Al-Watani | ||||| Hoofstad | Koeweitstad Grootste stad | Koeweitstad | |||| Amptelike tale | Arabies | |||| Regering | Unitêre parlementêre grondwetlike monargie Sabah al-Sabah Nawaf al-Sabah Jaber Al-Hamad al-Sabah | |||| Onafhanklikheid Vorming• Onafhanklikheid van dieEmiraat Al Hasa• Anglo-Ottomaanse ooreenkoms• Einde van verdraemet die 1752 1913 19 Junie 1961 | |||| Oppervlakte - Totaal - Water (%) | 17 818 km2 (152ste) 6 880 myl2 feitlik niks | |||| Bevolking - 2016-skatting - 2005-sensus - Digtheid | 4 052 584[1] (128ste) 2 213 403[2] 200,2 / km2 (61ste) 518,5 / myl2 | |||| BBP (KKP) - Totaal - Per capita | 2019-skatting | |||| BBP (nominaal) - Totaal - Per capita | 2019-skatting | |||| MOI (2017) | 0,803[4] (56ste) – baie hoog | |||| Geldeenheid | Dinar (KWD ) Tydsone - Somertyd | AST / KSA (UTC+3) nie toegepas nie (UTC+3) | |||| Internet-TLD | .kw | |||| Skakelkode | +965 | In 1938 is ruoliereserwes in kommersiële hoeveelhede ontdek. Vanaf 1946 tot 1982 het die land 'n grootskaalse opknapping ondergaan. In die 1980's het Koeweit 'n tydperk van geopolitieke instabiliteit en ekonomiese krisis as gevolg van die ineenstorting van die aandelemark beleef. In 1990 is Koeweit deur sy buurland Irak onder Saddam Hoesein binnegeval en toe geannekseer. Die Irakse besetting is in 1991 deur 'n militêre koalisie onder leiding van die Verenigde State tydens die Golfoorlog beëindig. Koeweit is 'n groot nie-NAVO bondgenoot van die Verenigde State.[6] Dit is ook 'n vername bondgenoot van ASEAN en handhaaf ook sterk bande met die Volksrepubliek China.[7][8] Koeweit is 'n lidland van die Verenigde Nasies, Beweging van Onverbonde Lande, Arabiese Liga, Organisasie van Islamitiese Samewerking, OPUL en die Samewerkingsraad van die Arabiese Golflande. Koeweit is 'n grondwetlike monargie met 'n semi-demokratiese politieke stelsel. Die land beskik oor 'n hoë-inkomste ekonomie, geborg deur die wêreld se sesde grootste ruoliereserwes. Die Koeweitse dinar is die geldeenheid met die hoogste waarde wêreldwyd.[9] Volgens die Wêreldbank het die land die vierde hoogste inkomste per capita. Die grondwet is in 1962 afgekondig.[10][11][12] Kuwait Airways is die nasionale vlagdraerlugredery met sy spilpunt op Koeweit Internasionale Lughawe in Koeweitstad. VerwysingsWysig - ( ) "World Population Prospects: The 2017 Revision". ESA.UN.org (custom data acquired via website). United Nations Department of Economic and Social Affairs, Population Division. Besoek op 4 Februarie 2019. - ( ) "Population of Kuwait". Kuwait Government Online. 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Januarie 2013. - ( ) "Kuwait". Internasionale Monetêre Fonds. Besoek op 4 Februarie 2019. - ( ) "2018 Human Development Report" (PDF). United Nations Development Programme. 2018. Besoek op 4 Februarie 2019. - ( ) "Kuwait". Central Intelligence Agency. Besoek op 4 Februarie 2019. - ( Associated Press. ) "U.S. tightens military relationship with Kuwait". nl.newsbank.com. Besoek op 4 Februarie 2019. - ( Times, Global. ) "KUNA : Kuwait calls for stronger GCC-ASEAN partnership – Politics – 28/09/2017". www.kuna.net.kw. - ( ) "China and Kuwait agree to establish strategic partnership". GBTIMES. - ( ) "10 Most Valuable Currencies in the World". Silicon India. 21 Maart 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Maart 2015. - ( Ibrahim Ahmed Elbadawi, Atif Abdallah Kubursi. ) "Kuwaiti Democracy: Illusive or Resilient?" (PDF). American University of Beirut. p. 7. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 September 2015. Besoek op 12 Maart 2016. - ( ) "Kuwait". Reporters without Borders. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2016. Besoek op 12 Maart 2016. - ( ) "Kuwait's Democracy Faces Turbulence". Wall Street Journal. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Junie 2016. Besoek op 12 Maart 2016.
<urn:uuid:a12dd017-9e71-479a-bfa4-552c662d22b2>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Koeweit
2019-07-19T18:58:47Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526337.45/warc/CC-MAIN-20190719182214-20190719204214-00167.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.996881
false
Mohammad Reza Pahlavi Mohammad Reza Shah Pahlavi | | ---|---| Sjah van Iran | | Mohammad Reza Shah Pahlavi in 1973 Vorstehuis | Pahlavi | Titels | Sy Keiserlike Majesteit Shahanshah (Koning van die Konings) Aryamehr (Lig van die Ariërs) Bozorg Arteshdārān ("Hoof van die Krygers") | Regeer | 26 September 1941 – 11 Februarie 1979 | Kroning | 26 Oktober 1967 | Voorganger | Reza Shah | Vermoedelike opvolger | Titel afgeskaf | Gebore | 26 Oktober 1919; Teheran, Iran | Oorlede | 27 Julie 1980; Kaïro, Egipte | Eggenoot | Fawzia van Egipte (1939–1948) Soraya Esfandiary-Bakhtiari (1951–1958) Farah Diba (1959–1980) | Kinders | Shahnaz Pahlavi Reza Pahlavi Farahnaz Pahlavi Ali-Reza Pahlavi Leila Pahlavi | Vader | Reza Pahlavi | Moeder | Tadj ol-Molouk | Laaste rusplek | Al-Rifa'i-moskee, Kaïro, Egipte | Mohammad Rezā Shāh Pahlavī (Persies: محمد رضا شاه پهلوی, [mohæmˈmæd reˈzɒː ˈʃɒːhe pæhlæˈviː]; * 26 Oktober 1919; † 27 Julie 1980) was die Sjah (koning) van Iran vanaf 16 September 1941 totdat sy bewind deur die Irannese Rewolusie op 11 Februarie 1979 omvergewerp is. Hy was die tweede en laaste Irannese heerser uit die Huis van Pahlavi. Mohammad Reza Sjah Pahlavi het verskeie amptelike titels gedra: Sy Keiserlike Majesteit, Shahanshah ("Koning van die Konings" of "Keiser"), Aryamehr ("Lig van die Ariërs") en Bozorg Arteshdārān ("Hoof van die Krygers"). Mohammad Reza Pahlavi het die Irannese troon bestyg nadat sy pa, Reza Shah, ná 'n Anglo-Sowjet-Russiese inval gedurende die Tweede Wêreldoorlog geabdikeer het. Tydens Mohammad Reza se bewind is die Irannese oliebedryf tydelik deur die demokraties verkose regering van premier Mohammad Mossadegh genasionaliseer. In 1953 is die Mossadegh-regering deur 'n staatsgreep, wat deur die Britse en Amerikaanse regerings gesteun is, omvergewerp, en buitelandse oliemaatskappye het na Iran teruggekeer. As heerser het Mohammad Reza Pahlavi die oorgang van 'n konstitusionele monargie na 'n outoritêre bewind bestuur. Sy Wit Rewolusie, 'n reeks ekonomiese, sosiale en politieke hervormings, was daarop gemik om van Iran 'n streeksmoondheid van globale betekenis te maak en die land deur die nasionalisering van sekere bedrywe en die invoering van vrouestemreg te moderniseer. As wêreldlike Moslem het hy gaandeweg die steun van Iran se geestelikheid, maar ook die werkersklas verloor, veral weens sy beleid van modernisering, sekularisering, die weerstand van Iran se invloedryke klas van bazaarhandelaars (bazaaris), die erkenning van Israel en 'n reeks korrupsieskandale, waarin hy en sy familie net soos die heersende elites betrokke was. Ander omstrede beleide was die verbod op die kommunistiese Tudeh-party en die algemene onderdrukking van politieke teenstanders deur die berugte veiligheidsdiens SAVAK. Die getal politieke gevangenes, wat in 1978 volgens amptelike statistieke op 2 200 gestaan het, het ná die Rewolusie vinnig gestyg. Die noue politieke bande met die Verenigde State en die Verenigde Koninkryk het eweneens sterk kritiek by sekere belangegroepe uitgelok en tot aktiewe kommunistiese weerstand gelei. In 1979 het politieke onluste uitgebrei tot 'n rewolusie, en op 17 Januarie was die sjah genoodsaak om Iran te verlaat. Die monargiese regeringstelsel is kort daarna afgeskaf en deur 'n Islamities-republikeinse regeringstelsel onder leiding van Ajatolla Khomeini vervang. Mohammad Reza Pahlavi het reeds voor die rewolusie aan kanker gely, 'n siekte waaraan hy in 1980 beswyk het nadat hy asiel in Egipte ontvang het. Dikwels word na Mohammad Reza Pahlavi as "die laaste Sjah van Iran" of net "die Sjah" verwys.
<urn:uuid:2454d136-f1fa-4b2c-9fe0-1f7db5dca2d2>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Mohammad_Reza_Pahlavi
2019-07-21T00:29:44Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526799.4/warc/CC-MAIN-20190720235054-20190721021054-00327.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999434
false
Hierdie kategorie bevat slegs die volgende subkategorie. Hierdie kategorie bevat slegs die volgende bladsy.
<urn:uuid:52ce165d-a90c-474a-804f-ae6f2b8600d3>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Tale_van_Tonga
2019-07-22T06:02:11Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195527531.84/warc/CC-MAIN-20190722051628-20190722073628-00487.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999992
false
Bespreking:2016 Europese Grand Prix Jump to navigation Jump to search Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die 2016 Europese Grand Prix-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. | Artikelriglyne Daaglikse bladtrekke | |
<urn:uuid:26f6e3f2-9bea-4766-a36a-7f85f49818f2>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:2016_Europese_Grand_Prix
2019-07-19T18:52:36Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526337.45/warc/CC-MAIN-20190719182214-20190719204214-00191.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999974
false
Kategoriebespreking:Nobelprys Jump to navigation Jump to search Kategorietitels[wysig bron] Die titels "Nobelprys vir xxx wenners" is nie baie goeie Afrikaans nie. Ek stel voor eerder "Wenners van die Nobelprys vir xxx" of "Nobelpryswenners vir xxx". Anrie 13:26, 24 September 2007 (UTC) - Van die twee voorstelle verkies ek die "Nobelpryswenners vir xxx" wat met Nobelpryswenner begin. laurens 14:51, 24 September 2007 (UTC)
<urn:uuid:92986de0-d146-49b0-84f0-3ecc9f5179fa>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategoriebespreking:Nobelprys
2019-07-19T18:50:45Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526337.45/warc/CC-MAIN-20190719182214-20190719204214-00191.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999623
false
Tsolo Tsolo | | Tsolo se ligging in Oos-Kaap Koördinate: Koördinate: | | Land | Suid-Afrika | ---|---| Provinsie | Oos-Kaap | Distrik | O.R. Tambo | Munisipaliteit | Mhlontlo | Oppervlak[1] | | - Nedersetting | 46,74 km² (18 vk m) | Bevolking (2011)[1] | | - Nedersetting | 7 794 | - Digtheid | 167/km² (432,5/myl2) | Rasverdeling (2011)[1] | | • Blank | 0.4% | • Indiër/Asiër | 1.4% | • Kleurling | 1.5% | • Swart | 96.3% | • Ander | 0.4% | Taal (2011)[1] | | • Xhosa | 91.7% | • Engels | 2.5% | • Afrikaans | 1.8% | • Ander | 4.1% | Poskode (strate) | 5120 | Skakelkode(s) | 047 | Geskiedenis[wysig | wysig bron] Die naam beteken "gepunt" en verwys na die gepunte koppies wat in die gebied voorkom. Die setel van die eerste magistraat is in 1879 hier naby gevestig maar ná die Pondo-opstand van 1880 na Tsolo verskuif. Distrik[wysig | wysig bron] Die distrik is 1 680 km2 groot. Die Jongelizwe-kollege vir die seuns van die hoofmanne is in 1959 gestig. Die kollege moet die seuns van die Xhosa- en Basotho-hoofmanne in die kuns van stamregering oplei. Sien ook[wysig | wysig bron] Bron[wysig | wysig bron] - "Hoofplek Tsolo". Sensus 2011.
<urn:uuid:06f166bd-51ce-4c4f-a23e-ad4c065a972f>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Tsolo
2019-07-19T19:29:01Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526337.45/warc/CC-MAIN-20190719182214-20190719204214-00191.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.997492
false
Maak hoofkeuseskerm oop Soek Kategorie:Demografie van Ecuador Lees in 'n ander taal Hou hierdie bladsy dop Wysig Demografie volgens lande Ecuador Demografie van Suid-Amerika } → Demografie van Ecuador Wikimedia Commons bevat media in verband met Demographics of Ecuador . Subkategorieë Hierdie kategorie bevat die volgende 2 subkategorië, uit 'n totaal van 2. E ► Etniese groepe in Ecuador (2 B) T ► Tale van Ecuador (1 K, 1 B) Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Kategorie:Demografie_van_Ecuador&oldid=1761083 "
<urn:uuid:a4e841cd-6733-4346-a109-8f85c723410b>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Demografie_van_Ecuador
2019-07-20T23:52:07Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526799.4/warc/CC-MAIN-20190720235054-20190721021054-00351.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.97266
false
Maak hoofkeuseskerm oop Soek Wysigings ← Ouer wysiging Nuwer wysiging → Sri Jayawardenepura (wysig) Wysiging soos op 00:19, 1 April 2013 33 grepe verwyder , 6 jaar gelede k "Kotte_collage.jpg" is verwyder omdat dit in Commons deur Fastily verwyder is omrede: Media without a source as of 24 March 2013 ! align="center" colspan="2" style="color: #FFFFFF; background: #003399; padding: 4px; font-size:170%;" | <span style="font-size:16pt">'''Sri Jayawardenepura'''</span><br>ශ්රී ජයවර්ධනපුර කෝට්ටේ<br>ஸ்ரீ ஜயவர்த்தனபுரம் கோட்டே<br> [[Lêer:Kotte collage.jpg|280px]] |- style="background: #CEDAF2; text-align:center;border-bottom:1px solid #999" | '''Kaart''' CommonsDelinker 6 296 wysigings Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/1155240 "
<urn:uuid:07dc7678-41f0-4aa3-9f9c-95254944d81e>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/1155240
2019-07-21T00:27:57Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526799.4/warc/CC-MAIN-20190720235054-20190721021054-00351.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.845882
false
TGV Die TGV ('n afkorting van die Franse train à grande vitesse, hoëspoedtrein) is die Franse hoëspoedtrein, wat deur die maatskappy ALSTOM gebou word - dikwels in samewerking met die Kanadese maatskappy Bombardier (Montreal, Quebec). Hy word in Frankryk as 'n nasionale simbool beskou en is nou die mees suksesvolle sneltrein in Europa. Die TGV bereik gereeld 'n maksimale snelheid van 320 km/h,[1] alhoewel hy tydens 'n spesiale toetsrit in 2007 al 'n rekordspoed van 574,8 km/h behaal het wat van hom die vinnigste spoorwegtrein ter wêreld maak. Die trein, wat hierdie rekord opgestel het, was wél 'n gewysigde en veral verkorte weergawe van die TGV en is gebruik om die tegniese moontlikhede van dié trein te bepaal. Geskiedenis[wysig | wysig bron] Onder die indruk van die Japannese Shinkansen het die Franse Spoorweë, SNCF, in die jaar 1964 met die ontwikkeling van planne vir 'n Franse hoëspoedtrein begin wat as 'n alternatief vir die vliegtuig aangebied sou word. Die SNCF het oorspronklik beplan om 'n gasturbine-aangedrewe hoëspoedtrein te ontwikkel, aangesien die tegniese probleme met die kragtoevoer tydens snelhede van meer as tweehonderd kilometer per uur aanvanklik geblyk het onoplosbaar te wees. In 1972 is 'n eerste gasturbine-trein gebou, wat vir talle toetsritte geneem is. Tog is as gevolg van die oliekrisis in die sewentigerjare die voorkeur aan 'n elektriese stelsel gegee. Vanaf Desember 1976 is die eerste hoëspoedspoorweglyn, wat uitsluitlik vir die TGV ontwerp is en Parys en Lyon sou verbind, gebou. Die eerste twee treine is in 1978 in diens geneem. Op 26 Februarie 1981 het die TGV met 'n snelheid van 381 kilometer per uur op hierdie spoorweglyn naby Tonnerre 'n nuwe wêreldrekord opgestel. 'n Tweede rekord was 515,3 kilometer per uur, wat 'n TGV-trein op 18 Mei 1990 naby Parys bereik het. Die reistyd van Parys na Lyon is van die oorspronklike 3 ure 55 minute met die sneltrein Mistral verminder tot twee ure. Tegelykertyd is die totale lengte van die spoorweglyn tussen die twee stede verminder van 512 tot 429 kilometer. Die nuwe lyn het baie gewild geraak, en in 1986 was daar reeds 47 000 passasiers per dag. Op 3 April 2007 het 'n spesiale TGV-trein met twee lokomotiewe en drie dubbelverdieping-waens, wat deur Alstom gebou en "V 150" genoem is, op die nuwe spoorweglyn tussen Parys en Straatsburg met 574,8 kilometer per uur 'n nuwe wêreldspoedrekord vir gewone spoorwegvoertuie opgestel (die Japannese magneetsweeftrein Maglev het in 2003 selfs 'n spoed van 581 km/h bereik, maar dit word nie as 'n gewone spoorwegvoertuig beskou nie). Die trein se naam verwys na sy spoed van 150 meter per sekonde of 540 kilometer per uur. Die rekordspoed is as 'n sukses vir Frankryk se belangrikste hoëtegnologie-produk beskou, wat sodoende die Duitse ICE en Japanse Shinkansen oortref het. Onderhandelings oor die moontlike bou van TGV-lyne in Argentinië en Kalifornië het reeds voor die rekord begin, en ook die Volksrepubliek van China het in die tegnologie belang gestel. Tegniese besonderhede[wysig | wysig bron] Vir die TGV is kragwaens aan weerskante is met agt passasierwaens gekombineer. Die basiese konsep van die TGV is om die hoësnelheidstrein aanvanklik op reeds bestaande spoorweë te laat ry, alhoewel dit 'n beperking op die maksimale snelheid plaas. Die nuwe lyne, waarop net die TGV mag ry, is omhein om ongelukke te vermy. 'n Nuwe kontrolesentrum, wat in Parys opgerig is, is in radiokontak met elke TGV-trein. Die TGV is volgens aërodinamiese beginsels ontwerp om kragverbruik te beperk, en die eerste TGV-treine verbruik teen 'n spoed van 260 kilometer per uur net so veel energie soos 'n gewone trein teen 200 kilometer per uur. Buitelandse weergawes van die TGV[wysig | wysig bron] Die Amerikaanse Acela Express van die spoorwegmaatskappy Amtrak is ook gebaseer op die TGV se tegnologie, alhoewel die trein grotendeels in die Verenigde State vervaardig word en eintlik 'n afwykende weergawe van die Franse ontwerp is. Die Amerikaanse treine verbind Washington, D.C. met New York en Boston teen 'n maksimumsnelheid van 240 kilometer per uur. Die Spaanse hoëspoedtrein AVE maak eweneens gebruik van die TGV se tegnologie. Die Spaanse spoorwegmaatskappy het egter verseker dat die trein 'n plaaslike karakter kry - die ontwerp van die trein is deur 'n plaaslike onderneming aangepas. Die AVE ry op die nuwe lyn tussen Madrid en Sevilla, teen 'n maksimumsnelheid van 300 kilometer per uur. Die Franse TGV Atlantique is ook die grondslag vir die eerste Koreaanse hoëspoedtrein KTX (Korean Train eXpress), wat die Suid-Koreaanse hoofstad Seoul met Chonan, Daegoe en Boesan verbind. 46 eenhede van hierdie trein ry sedert Desember 2003 op hierdie lyn van 412 kilometer. Verwysings[wysig | wysig bron] Hoëspoedtreine | | ---|---| Acela Express | Aérotrain | AGV | AVE | Eurostar | Eurostar Italia | Flytoget | Gautrein | InterCityExpress | JR-Maglev MLX01 Magneetsweeftreine | Pendolino | Sapsan |Shinkansen | Singapoerse MRT | TGV | Thalys | Treno Alta Velocità | Transrapid | X 2000 |
<urn:uuid:6d7dc21d-0fe2-4700-8072-c68a64f962a1>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/TGV
2019-07-21T00:42:50Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526799.4/warc/CC-MAIN-20190720235054-20190721021054-00351.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999977
false
Kategorie:Wikipedia-artikels met ULAN-identifiseerders Jump to navigation Jump to search (vorige bladsy) (volgende bladsy) Vir meer inligting, sien Wikipedia:Gesagbeheer. Hierdie is 'n versteekte kategorie Dit kategoriseer bladsye vir administratiewe doeleindes. Dit vorm nie deel van die ensiklopedie nie. | Bladsye in kategorie "Wikipedia-artikels met ULAN-identifiseerders" Die volgende 85 bladsye is in hierdie kategorie, uit 'n totaal van 1 018. (vorige bladsy) (volgende bladsy)V - Ludwig van Beethoven - Henry van de Velde - Theo van Gogh - Rembrandt van Rijn - Anton van Wouw - John Ormsby Vandeleur - Gloria Vanderbilt - Raja Ravi Verma - Giorgio Vasari - Vebjørn Sand - Simone Veil - Diego Velázquez - Verenigde Nasies - Vergilius - Johannes Vermeer - Jules Verne - Andrea del Verocchio - Gianni Versace - Vespasianus - Sid Vicious - Victoria van die Verenigde Koninkryk - Victoria van Sakse-Koburg en Gotha - Gore Vidal - Edoardo Villa - Denis Villeneuve - Vincent van Gogh - Leonardo da Vinci - Eugène Viollet-le-Duc - Marcus Vipsanius Agrippa - Virginia Woolf - Vitellius - Vitruvius - Antonio Vivaldi - Jan Volschenk - Voltaire - Wolf Vostell W - Zacharias Wagenaer - Richard Wagner - Andrzej Wajda - Horace Walpole - Walter Gropius - Sam Wanamaker - Andy Warhol - George Washington - Wiktor Wasnetsof - John Waters - James Watt - Wawel-katedraal - Orson Welles - Arthur Wellesley, 1ste hertog van Wellington - Wim Wenders - Pieter Wenning - Wêreldgesondheidsorganisasie - Wêreldhandelsorganisasie - Julius Charles Wernher - Westminster-abdy - Walt Whitman - Sytze Wierda - Oscar Wilde - Wilhelm Dilthey - Willem I van Engeland - Willem III van Engeland - William Faulkner - William IV van die Verenigde Koninkryk - William Shakespeare - Ludwig Wittgenstein - Jefgeni Woetsjetitsj - Tom Wolfe - Maksimilian Wolosjin - Garnet Wolseley - Richard Caton Woodville - William Wordsworth - Mary Woronov - Frank Lloyd Wright
<urn:uuid:f4812ac7-28ef-4db5-bda4-b122a1ee60e8>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Wikipedia-artikels_met_ULAN-identifiseerders?from=Ux
2019-07-17T06:45:46Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525094.53/warc/CC-MAIN-20190717061451-20190717083451-00455.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.943401
false
Verwante veranderings Jump to navigation Jump to search Tik 'n bladsynaam om veranderinge aan bladsye te sien wat daarvan of daarheen skakel. (Om inskrywings van 'n kategorie te sien, tik Kategorie:Naam van kategorie). Veranderinge aan bladsye op u dophoulys word in vetdruk aangedui. Lys van afkortings: - N - Met die wysiging is 'n nuwe bladsy geskep. (sien ook die lys van nuwe bladsye) - k - Hierdie is 'n klein wysiging - b - Hierdie wysiging is deur 'n bot gemaak - D - Wikidata-wysiging - (±123) - Bladsy is met die aantal grepe gewysig 10 Julie 2019 - Switserland; 15:27 0 Voyageur →Rolprente Etikette: 2017-bronwysiging, PHP7 k - Switserland; 15:27 +264 Voyageur →Rolprente Etikette: 2017-bronwysiging, PHP7 k - Switserland; 15:26 -251 Voyageur →Demokratiese bewegings Etikette: 2017-bronwysiging, PHP7 k - Switserland; 15:25 +2 Voyageur →Demokratiese bewegings Etikette: 2017-bronwysiging, PHP7 k - Switserland; 15:25 +249 Voyageur →Demokratiese bewegings Etikette: 2017-bronwysiging, PHP7 k
<urn:uuid:4a867e2a-090a-47a9-ad34-375db0870469>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:OnlangseVeranderingsMetSkakels/Gebruiker:BenBezuidenhout
2019-07-17T06:50:34Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525094.53/warc/CC-MAIN-20190717061451-20190717083451-00455.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999605
false
Bespreking:Claudio Arrau Jump to navigation Jump to search Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Claudio Arrau-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. | Artikelriglyne Daaglikse bladtrekke | |
<urn:uuid:be5fcc5f-8e5d-471d-9cce-b8b4245994a1>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Claudio_Arrau
2019-07-19T18:49:42Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526337.45/warc/CC-MAIN-20190719182214-20190719204214-00215.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999966
true
Bespreking:Soedanese literatuur Hierdie vertaalmasjien is 'n onding wat baie meer moeite gaan meebring as wat dit werd is. As die ding dan vervolmaak word, wat is nog die nut van Afrikaanse gebruikers, buiten om alles wat reeds in ander tale verskyn het, klakkeloos te láát vertaal. 2 000 000 artikels hier ons kom - ek bedoel "hier kom ons", nie dat die vertaalmasjien die verskil sal weet, ek bedoel "ken" nie. Morne 15:42, 18 Mei 2007 (UTC) - Gebruiker:Francis Tyers is besig om 'n paar toets-artikels te probeer. As jy nie van die resultate hou nie, moet jy dit asseblief in Engels in die gebruikershoekie gaan sê. Hy wil graag terugvoering van die gebruikers hier hê. As te veel gebruikers hierteen gekant is sal hy ophou. Anrie 15:50, 18 Mei 2007 (UTC) - Hy moet sommer sy vertaalmasjien gebruik om my woorde te interpreteer. Ek sien hy het waarskynlik reeds, want hy het (op my besprekingsblad) afgelei ek hou nie daarvan nie. Morne 16:11, 18 Mei 2007 (UTC) - Ek dink nie dit gaan regtig oor wie hiervan hou nie. Indien artikels nie aanvaarbaar is nie, sal dit deur admins verwyder word. Ek het nou sopas 'n paar vertalings gedoen in die artikel, maar ek dink nie dis perfek reg nie, want my kennis van Engels is ook nie te goed nie. Wikipedia is hier om ge-edit te word. Edits wat nie deug nie, word deur iemand anders ge-edit of verwyder. Ek gee glad nie om om direkte vertalings te hervertaal nie. Dis tog wat ek in elk geval sou doen as ek van die Engelse wiki sou vertaal - en dan sou dit moeiliker wees omdat ek nie Engelssprekend is nie. ► Adriaan ( Spreek ★ Bydraes ) ♪♫ 16:41, 18 Mei 2007 (UTC) - 'n Kopie van hierdie gesprek is by die Wikipedia:Geselshoekie gevoeg, onder die bespreking van die vertalingsagteware, sodat almal aan mekaar se opinies kan herkou. Anrie 07:52, 20 Mei 2007 (UTC)
<urn:uuid:20562670-4e62-4d5b-8081-cae29db4254b>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Soedanese_literatuur
2019-07-19T19:25:21Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526337.45/warc/CC-MAIN-20190719182214-20190719204214-00215.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
1.000001
false
Bespreking:Sonar Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Sonar-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. | Artikelriglyne Daaglikse bladtrekke | | Nuutskepping?[wysig bron] Ek het die vrymoedigheid geneem en die woord termocline as warmtehelling vertaal. Ek het nie 'n vakwoordeboek nie, en weet dus nie of dit 'n nuutskepping is, en of daar 'n ander, meer gevestigde woord bestaan nie. In laasgenoemde geval, voel vry om die woord te vervang in die artikel. As dit egter wel 'n nuutskepping is, los vir my 'n boodskap hier, dan kan ek dit gaan invoeg by die Nuuutskepping-debatbladsy op ons liewe werf. --Nomdeplume 00:24, 7 April 2006 (UTC) - Klink vir my na 'n puik vertaling. Vat die begrip mooi vas! --RM 03:17, 7 April 2006 (UTC)
<urn:uuid:902688ba-85d0-4388-983d-1e07967624b7>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Sonar
2019-07-19T18:51:36Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526337.45/warc/CC-MAIN-20190719182214-20190719204214-00215.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
1.000002
false
Neal Bledsoe Jump to navigation Jump to search Neal Bledsoe | | Geboorte | 26 Maart 1981 | ---|---| Nasionaliteit | Amerikaans | Beroep(e) | Akteur | Aktiewe jare | 2005–nou | Internet-rolprentdatabasis-profiel | Neal Bledsoe (gebore 26 Maart 1981) is 'n Amerikaanse akteur. Hy is bekend vir sy rolle in die televisiereekse Ugly Betty (2006), Smash (2012), The Mysteries of Laura (2014), en The Man in the High Castle (2015). Inhoud Filmografie[wysig | wysig bron] Rolprente[wysig | wysig bron] - 2013: Amateurs - 2014: Grand Street - 2014: West End - 2016: After the Sun Fell Televisiereekse[wysig | wysig bron] - 2006: Ugly Betty - 2012: Smash - 2013: Ironside - 2014: The Mysteries of Laura - 2015: The Man in the High Castle Televisierolprente[wysig | wysig bron] - 2006: The Hunters - 2007: I'm Paige Wilson - 2011: The Drama Department - 2016: Mars Project - 2017: Coming Home for Christmas Video's[wysig | wysig bron] - 2005: The Ridge - 2014: Making of Junction Featurette DVD-extra
<urn:uuid:e5af163b-30d9-4306-941c-8d9a42b3d7eb>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Neal_Bledsoe
2019-07-19T18:59:26Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526337.45/warc/CC-MAIN-20190719182214-20190719204214-00215.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.964239
false
Retief Goosen Volle naam | Retief Goosen | ---|---| Bynaam | The Goose, Iceman | Geboortedatum/plek | 3 Februarie 1969 Polokwane, Suid-Afrika | Sterfdatum/plek | | Nasionaliteit | Suid-Afrika | Woning | Polokwane, Suid-Afrika Virginia Water, Engeland Orlando, Florida, Verenigde State | Eggenoot/e | Tracy (2001) | Kinders | Leo, Ella | Pro. geword | 1990 | Huidige toer(e) | PGA Tour (aangesluit in 2001) Sunshine Tour (aangesluit in 1990) | Pro-oorwinnings | 36 | PGA Toer | 7 | Europese Toer | 14 | Asiese Toer | 5 | Ander | 6 | Beste uitslag in groot kampioenskappe (wenne: 2) | | V.S. Ope | Gewen: 2001, 2004 | Retief Goosen (gebore 3 Februarie 1969) is 'n Suid-Afrikaanse gholfspeler. Persoonlike lewe[wysig | wysig bron] Goosen is bekend vir sy uiters rustige houding, 'n eienskap wat hom die bynaam "The Iceman" op die PGA-toer verdien het. Hy word ook liefdevol genoem "The Goose."[1] Goosen is nou getroud met 'n seun en 'n dogter, en het huise in Engeland, Amerika en Suid-Afrika.
<urn:uuid:09ddd68f-4d1d-4ee8-a90c-cf81dacd4375>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Retief_Goosen
2019-07-19T19:06:38Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526337.45/warc/CC-MAIN-20190719182214-20190719204214-00215.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999404
false
Abraham Faure Dr. Abraham Faure (29 Augustus 1795 in Stellenbosch - 27 Maart 1875 in Kaapstad) was 45 jaar lank predikant van die Groote Kerk, Kaapstad, stigter van die NG Kerk se amptelike blad, die Kerkbode en word as die vader van die Teologiese Kweekskool op Stellenbosch beskou. Dr. Abraham Faure | | Abraham Faure Naam | Abraham Faure | ---|---| Geboorte | 29 Augustus 1795 Stellenbosch, Kaapkolonie | Sterfte | 27 Maart 1875 Kaapstad | Kerkverband | Nederduits Gereformeerd | Gemeente(s) | Graaff-Reinet, Kaapstad | Jare aktief | 1818-1867 | Kweekskool | Kweekskool, Stellenbosch | Abraham Faure vertrek in 1814 na Engeland vir verdere studie. Twee jaar later gaan hy na Nederland om aan die Universiteit van Utrecht in teologie te studeer. Hy keer in 1818 terug en word predikant van die NG gemeente Graaff-Reinet, waar die gemeente, die sesde in die land, toe 26 jaar oud was. In 1822 vertrek hy na die Groote Kerk waar hy predikant sou bly tot 1867. Op Graaff-Reinet was sy opvolger ds. Andrew Murray sr., vader van onder meer dr. Andrew Murray. Tydens Faure se dienstyd in Kaapstad stig hy op 20 September 1829 die NG gemeente Wynberg, waarvan sy jongste broer, dr. Philip Eduard Faure, op 7 Desember 1834 as eerste leraar bevestig word. Dr. Faure het hom besonder vir die onderwys beywer en was een van die stigters van die Zuid-Afrikansch Athenaeum, wat later as die Suid-Afrikaanse Kollege sou bekend staan, voorloper van die Universiteit van Kaapstad. Hy het ook 'n aandeel in die stigting van die opvoedingsinstituut Tot Nut van 't Algemeen gehad en kan feitlik as die vader van die Kweekskool (in 1859 opgerig) op Stellenbosch beskou word. Verder het 'n leidende rol in die totstandkoming van blaaie soos die Het Zuid-Afrikaansche Tijdschrift (1824), De Honigbij (1843) en De Kerkbode (1849) gehad, terwyl hy vir die daarstelling van die eerste Sondagskool in 1844 verantwoordelik was en baie jare as voorsitter van die Suid-Afrikaanse Bybelgenootskap gedien het. In 1862 ontvang Faure 'n eredoktorsgraad van die Rutgers College in New Brunswick, V.S.A.. Die Kaapse Sinode verkies hom in 1837, 1842, 1847, 1852, 1857 en 1862 tot aktuarius. In 1847, 1852 en 1857 is hy ook as skriba verkies. Hy tree in 1867 af en sterf op 27 Maart 1875 in Kaapstad.
<urn:uuid:efe30509-e5e6-4764-9a76-3c3530741264>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Abraham_Faure
2019-07-19T18:24:40Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526337.45/warc/CC-MAIN-20190719182214-20190719204214-00239.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99994
false
Inlynsessilinder Die inlynsessilinderenjin of reguitsesenjin is 'n tipe binnebrandenjin met al ses silinders in 'n reguit lyn gemonteer, of in 'n gelyke vlak bo/langs die krukas. Die enkelbanksilinders kan gerig word in óf 'n vertikale óf 'n skuinsvlak met al die suiers wat 'n gemeenskaplike krukas aandryf. Waar dit skuins teen 'n hoek geplaas is, word dit soms 'n skuinsses genoem. In 'n spesifikasie, grafiek of wanneer 'n afkorting gebruik word, word 'n inlynsessilinder enjin gelys óf as I6 of L6. Soos by gewone passasiersmotors is dit die gladde loopeienskappe van die reguitsesenjin wat dit ook wenslik maak vir industriële gebruik. Die reguitses is 'n eenvoudige enjin wat in beide primêre en sekondêre balans verkeer. Dit beteken dit kan tot 'n groot mate opgeskaal word, sonder om oormatige vibrasie op te doen. Die meeste van die enjinkomponente en -toebehore kan langs beide kante monteer word, eerder as bo of onder die silinderbanke, wat beteken dat toeganklikheid en onderhoud makliker is as op 'n V-enjin in 'n vragmotor of industriële opset. Verder is 'n reguitsesenjin meganies eenvoudiger as 'n V6- of V8-enjin aangesien dit net een silinderkop, en die bonokas net die helfte soveel nokaste het. Slagvolumespektrum[wysig | wysig bron] Die inlynses vir gebruik in motorvoertuie is ontwerp met enjinverplasings wat wissel van ongeveer 2 tot 5 liter (120-310 kub. duim). Dit word soms ook gebruik vir kleiner enjins, maar hoewel dit baie glad loop, is dit duur om te vervaardig in terme van koste-tot-krag-verhouding. Aangesien die lengte van 'n enjin ongeveer eweredig is aan die aantal silinders op een bank, is die reguitses noodwendig langer as alternatiewe enjins soos die I4, V4, V6 of V8. Een van die kleinste produksie reguitsesse was in die Benelli 750 Sei motorfiets gebruik, wat 747.7 cc verplaas het. Mike Hailwood het in die 1960's met 'n Honda met 'n RC166 250 cc (15 kub. dm.) sessilinder, 24-klep motorfietsenjin gejaag. Vooroorlogse enjins was nogal groot teen moderne standaarde – soos die Rolls Royce Silver Ghost se 7.4 L-enjin en die 824 kub. dm. (13.5 L) van die 1910 Peerless, Pierce en Fageol. Die grootste moderne passasiersmotorreguitsesse sluit in die 4.6 L (282 kub. dm.) VAM weergawe van AMC se enjins, die 4.2 liter-kragbron in verskeie Jaguars en AMC's, die 4.0 TVR Speed Six, 4.0 Ford Barra, Chevrolet 250, Chevrolet Vortec 4200, 4.3 Chrysler Hemi Ses, 4.2 Toyota Land Cruiser (diesel), 4.5 en 4.8 Nissan, 4.8 Chevrolet, 4.9 Ford, en die 5 L Hudson H-145 (geproduseer tot 1957). In 2009 het die Cummins B-reeksenjin wat in die Dodge Ram bakkie diens gedoen het, tot 6.7 L verplaas. Inlynsesdieselenjins[wysig | wysig bron] Inlynsesdieselenjins met veel groter verplasing word algemeen gebruik vir industriële toepassings. Dit sluit die verskillende tipes swaar toerusting, kragopwekking, sowel as vervoerbusse in. Feitlik alle swaar padvragmotors het inlynsesdieselenjins, sowel as die meeste mediumgrootte en meeste ligte dieseltrokke. Hul deugde is beter lae-toere wringkrag, 'n baie lang lewe, gladde werking en betroubaarheid. Snelwegoperateurs verkies inlynsesdieselenjins, wat gladweg bedryf en redelik stil loop. Net so, het gebruike van die pad af, soos trekkers, mariene enjins, en elektriese kragopwekkers 'n enjin nodig wat robuust en kragtig is. Anders as by passasiersmotors, is kompaktheid nie 'n belangrike oorweging by hierdie gebruike nie, terwyl die bykomende betroubaarheid en maklike instandhouding van inlynsesdieselenjins wel is. Foto's van inlynsesenjins[wysig | wysig bron] Jaguar XJ6 enjin Sien ook[wysig | wysig bron] Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
<urn:uuid:ac3195df-2751-4f8d-8cbd-f8890cd7c62e>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Inlynsessilinder
2019-07-21T00:57:08Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526799.4/warc/CC-MAIN-20190720235054-20190721021054-00399.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99986
false
Ettringiet Ettringiet | | ---|---| Formule | Ca6Al2(SO4)4(OH)12·26H2O | Kleur | kleurloos, geel, groen | Streep | wit | Glans | glasagtig | Hardheid | 2 - 2,5 (Mohs) | Kristalsisteem | trigonaal | Ruimtegroep | P31c | Eenheidsel | a = 11.23 Å, c = 21.44 Å | * Lys van minerale | Ettringiet is 'n mineraal met formule Ca6Al2(SO4)4(OH)12·26H2O. Dié mineraal los maklik in verdunde suur op en ontbind gedeeltelik in water, wat 'n basiese oplossing gee. Dit word naby die Bellerberg-vulkaan in Ettringen in die Duitse Eifel in holtes in metamorfiese kalksteeninsluitings in leusiet-nefelien-tefriet-gesteente aangetref. As sintetiese fase word dit maklik in beton gevorm. [1] Ettringiet kan ook gevorm word indien mynwater gesuiwer word deur byvoeging van vliegas. Navorsing deur Madzivire het vliegas van die Hendrina steenkoolkragstasie en die mynwater van die Middelburg steenkoolmyn saamgevoeg om die sulfaatgehalte van die water tot 500 dpm terug te bring. Daarby het ettringiet gevorm.[3] Verwysings[wysig | wysig bron] Wikimedia Commons bevat media in verband met Ettringite. |
<urn:uuid:6f9e7aad-ca34-4f7b-bb23-944ab6509b80>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Ettringiet
2019-07-16T02:26:54Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524475.48/warc/CC-MAIN-20190716015213-20190716041213-00343.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998674
false
Wikipedia:Voorbladbeeld week 13 2013 in Wikipedia, die vrye ensiklopedie Jump to navigation Jump to search Uitsig oor die Aarde se atmosfeer met die Maan in die agtergrond. Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Wikipedia:Voorbladbeeld_week_13_2013&oldid=1153044 " Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Projekblad Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Druk/eksporteer Skep boek Laai af as PDF Drukbare weergawe Gereedskap Skakels hierheen Verwante veranderings Spesiale bladsye Permanente skakel Bladinligting Ander tale Voeg skakels by Die bladsy is laas op 24 Maart 2013 om 20:31 bygewerk. Die teks is beskikbaar onder die lisensie Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel . Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting. Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:796656b7-5c6a-4cf1-949f-bc1d96e00b58>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Wikipedia:Voorbladbeeld_week_13_2013
2019-07-16T02:37:02Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524475.48/warc/CC-MAIN-20190716015213-20190716041213-00343.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999694
false
Blou Bulle - Hierdie artikel gaan oor die Curriebeker- en Vodacombekerspan. Vir die Superrugbyspan, sien Bulls (Superrugbyspan). Blou Bulle | |||| Bynaam(e) | Blou Bulle | ||| Embleem | Madeliefie | ||| Stigting | 1938 (as Noord-Transvaal) | ||| Unie | Blou Bulle Maatskappy | ||| Ligging | Pretoria | ||| Streek | Pretoria, Limpopo | ||| Stadion | Loftus Versfeld | ||| Afrigter(s) | John Mitchell (Curriebeker) | ||| Kaptein(s) | Ruan Steenkamp | ||| Liga(s) | Curriebeker Rugby-uitdaagreeks | ||| Amptelike webwerf | |||| www.bluebulls.co.za | Geskiedenis[wysig | wysig bron] Noord-Transvaal het op 25 Maart 1938 'n selfstandige rugbyunie geword toe die Suid-Afrikaanse Rugbyraad dit goedgekeur het dat die Pretoria-subunie, gestig in 1908, van sy moederunie, Transvaal, mag afstig.[1] Die spel rugby het egter al in die vorige eeu in Pretoria begin, en reeds sedert die stigting van die Transvaalse Rugbyvoetbalunie in 1889, het die Pretoria-rugbyklub in die liga gespeel en is baie spelers vir die Transvaalse provinsiale span gekies. In latere jare was daar 'n Gekombineerde Pretoria-span, wat in maroen en goud streeptruie gespeel het en verskeie toerspanne, onder andere die Nieu-Seelandse All Blacks in 1928, die stryd aangesê het. In 1938, hulle eerste jaar as 'n onafhanklike span, het hulle teen die Britse Leeus gespeel met Danie 'Dok' Craven as kaptein en 'n paar ander Springbokke soos Ferdie Bergh en Lucas Strachan ook in die span. Hulle het hierdie wedstryd naelskraap met 12-20 verloor. In 1946 wen hulle die Curriebeker vir die eerste keer met 'n oorwinning van 11-9 oor die Westelike Provinsie. Rekords[wysig | wysig bron] Wedstrydrekords - Hoogste telling in een wedstryd: 147 (vs. SWD Arende, 1996).[2] - Meeste drieë in een wedstryd: 13 (vs. Reds, 2007). - Meeste punte deur ’n speler in een wedstryd: 40 (Willie du Plessis vs. Limpopo Blou Bulle, 2013).[2] - Meeste doelskoppe deur ’n speler in een wedstryd: 15 (Willie du Plessis vs. Limpopo Blou Bulle, 2013).[2] Seisoenrekords - Meeste punte: 435 (in 15 wedstryde, 2007) - Meeste punte deur een speler: 161 (Derick Hougaard, 2007) - Meeste span drieë: 47 (in 15 wedstryde, 2007) - Meeste drieë deur 'n speler: 9 (Bryan Habana in 2005) Loopbaanrekords - Meeste verskynings: 85 (Victor Matfield, 2001–2007) - Meeste punte: 156 (Derick Hougaard, 2003–2007) - Meeste drieë: 24 (Bryan Habana, 2005–2007) Eksterne skakels[wysig | wysig bron] Verwysings[wysig | wysig bron]
<urn:uuid:17eb8002-a81e-435f-8118-1dd9bfb18164>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Blou_Bulle
2019-07-18T13:41:33Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525634.13/warc/CC-MAIN-20190718125048-20190718151048-00103.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999893
false
Higgsboson Higgsboson | || Die Higgsboson se plek in die Standaardmodel (heel regs). | || Samestelling | Elementêre deeltjie | | Statistiek | Bosonies | | Simbool | H0 | | Geteoretiseer | R. Brout, F. Englert, P. Higgs, G.S. Guralnik, C.R. Hagen, T.W.B. Kibble (1964) | | Ontdek | Groot Hadronversneller (2011-2013) | | Massa | 125,09 ±0,21 (stat.) ±0,11 (sist.) GeV/c2 (CMS+ATLAS)[1] | | Gem. leeftyd | 1,56×10−22 s (voorspel) | | Verval in | || Elektriese lading | 0 e | | Kleurlading | 0 | | Spin | 0[4][5] | | Swak isospin | −1 | | Swak hiperlading | +1 | | Pariteit | +1[4][5] | Die Higgsboson of Higgsdeeltjie is in deeltjiefisika ’n hipotetiese elementêre deeltjie wat saam met die Higgsveld massa aan ander deeltjies verleen en waarsonder die heelal geen massa sou gehad het nie. Die boson word soms ook die "God-deeltjie" genoem na aanleiding van die titel van ’n boek deur die Nobelprys-wenner Leon Lederman, The God Particle: If the Universe Is the Answer, What Is the Question? (1993), waarin die skrywer onder meer beweer dat die ontdekking van die deeltjie noodsaaklik is om die struktuur van materie finaal te verstaan. Wetenskaplikes hou egter nie van dié term nie.[6] Agtergrond[wysig | wysig bron] In deeltjiefisika gee elementêre deeltjies en fundamentele wisselwerkings vorm aan die wêreld om ons. Die Standaardmodel is ’n teorie wat hierdie deeltjies, waaruit alle materie en straling bestaan en wat dus die basiese boublokke van die heelal is, beskryf. Dit verduidelik feitlik alles wat ons waarneem behalwe swaartekrag.[7] Tot in die 1960's het die Standaardmodel egter nie verklaar hoe elementêre deeltjies massa verkry nie. In 1964 is die bestaan van die Higgsboson voorspel om dié meganisme te verduidelik. Die tentatiewe ontdekking daarvan in Julie 2012 kan bewys dat die Standaardmodel wesenlik korrek is. As dit blyk dié boson is nie die Higgsdeeltjie nie, sal die mens dalk moet herbesin oor hoe die heelal saamgestel is. Die boson is genoem na die Britse fisikus Peter Higgs wat die bestaan daarvan voorgestel het. Volgens hom en ander wetenskaplikes was die heelal in die eerste biljoenste van ’n sekonde ná die Groot Knal gevul met deeltjies sonder enige massa wat teen die spoed van lig deur die lug geblits het. Vanweë hul interaksie met die Higgsveld het die deeltjies massa verkry en eindelik die heelal gevorm. Die Higgsveld is ’n teoretiese en onsigbare energieveld wat deur die hele heelal voorkom. Deeltjies kry massa deur ’n voortdurende wisselwerking met dié veld. Sommige deeltjies, soos die fotone wat lig vorm, word nie daardeur geraak nie en hulle het dus geen massa nie. Die groot soektog[wysig | wysig bron] Eksperimente om die bestaan van die boson te bevestig en die aard daarvan vas te stel het eers in die 1980's in alle erns begin en in 2010 momentum gekry met die ingebruikneming van die CERN se Groot Hadronversneller (GHV).[8] Omdat die deeltjie feitlik dadelik verval nadat dit ontstaan het (binne ’n septiljoenste van ’n sekonde), kan net baie hoë-energie-deeltjieversnellers dit waarneem en registreer. Die GHV is die wêreld se grootste en kragtigste versneller, ’n pyp van 27 km lank in ’n tonnel 100 m onder die grond op die grens tussen Frankryk en Switserland. Twee strale protone word in teenoorgestelde rigtings afgevuur en bots teen mekaar. Dit veroorsaak baie miljoene botsings per sekonde tussen deeltjies en herskep so die toestande wat ontstaan het ná die Groot Knal, toe die Higgsveld gevorm het. Die enorme hoeveelheid inligting word deur talle rekenaars ontleed. Van al die triljoene botsings, is baie min net reg om die Higgsdeeltjie te vertoon. Dit maak die proses uiters langsaam. Die groot vonds[wysig | wysig bron] Op 4 Julie 2012 is in twee afsonderlike eksperimente die bestaan van ’n voorheen onbekende deeltjie bevestig met ’n massa van sowat 125 MeV/c2 (sowat 133 protonmassas) en dit val binne die massa wat voorspel is die Higgsboson sou wees. Volgens wetenskaplikes is die kans dat die onbekende deeltjie nie die Higgsboson is nie, een uit ’n miljoen.[9] Hoewel op 14 Maart 2013 tentatief bevestig is dat dit wel die Higgsboson is,[4][10][11] is baie verdere werk nodig voordat onteenseglik bewys kan word of dit wel die geval is. Die deeltjie het reeds bewys dat dit optree en verval op baie maniere wat deur die Standaardmodel voorspel word, en daar is ook tentatief bevestig dat dit ’n pariteit van + en spin van 0 het,[4] twee fundamentele kriteria van ’n Higgsboson. Dit is dus die eerste skalêre deeltjie wat in die natuur ontdek is,[12] hoewel ’n paar eienskappe nog nie ten volle bewys is nie en sommige gedeeltelike resultate nie presies ooreenstem met dit wat verwag is nie. Sommige date moet ook nog verwerk word.[10] Teen Maart 2013 was dit steeds onseker of die ontdekte boson se eienskappe presies met die Standaardmodel se voorspellings sal ooreenstem en of daar nog Higgsbosone bestaan, soos in sommige teorieë voorspel word.[11] Verwysings[wysig | wysig bron] - (14 Mei 2015) “Combined Measurement of the Higgs Boson Mass in pp Collisions at √s=7 and 8 TeV with the ATLAS and CMS Experiments”. Physical Review Letters 114 (19): 191803. doi:10.1103/PhysRevLett.114.191803. - ATLAS collaboration (2018). "Observation of H→bb decays and VH production with the ATLAS detector". [hep-ex]. - (2018) “Observation of Higgs Boson Decay to Bottom Quarks”. Physical Review Letters 121 (12): 121801. doi:10.1103/PhysRevLett.121.121801. - Pralavorio, Corinne (2013-03-14). "New results indicate that new particle is a Higgs boson". CERN. Besoek op 14 Maart 2013. - CMS Collaboration (2017). “Constraints on anomalous Higgs boson couplings using production and decay information in the four-lepton final state”. Physics Letters B 775 (2017): 1–24. doi:10.1016/j.physletb.2017.10.021. - "The Higgs boson: Why scientists hate that you call it the 'God particle'". National Post. 14 Desember 2011. - Heath, Nick, The Cern tech that helped track down the God particle, TechRepublic, 4 Julie 2012 - Die Burger, 5 Julie 2012 - The Higgs boson – what it is and what it does URL besoek op 7 Julie 2012 - Bryner, Jeanna (14 Maart 2013). "Particle confirmed as Higgs boson". NBC News. Besoek op 14 Maart 2013. - "Higgs Boson Discovery Confirmed After Physicists Review Large Hadron Collider Data at CERN". Huffington Post. Besoek op 14 Maart 2013. - Naik, Gautam (2013-03-14). "New Data Boosts Case for Higgs Boson Find". Wall Street Journal. Besoek op 15 Maart 2013. Eksterne skakels[wysig | wysig bron] - Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Higgsboson. - Video (04:38) – CERN Aankondiging van die ontdekking van die Higgsboson (4 Julie 2012) - Op soek na die Higgsboson by CERN - Why the Higgs particle is so important! - The God Particle: If the Universe Is the Answer, What Is the Question? ISBN 978-0-618-71168-0
<urn:uuid:0d3417cf-93de-4e5d-b6ba-c1d215102987>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Higgsboson
2019-07-18T13:32:29Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525634.13/warc/CC-MAIN-20190718125048-20190718151048-00103.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999884
false
Kategorie:Geboue en strukture in Berlyn Jump to navigation Jump to search Wikimedia Commons bevat media in verband met Buildings in Berlin. | Bladsye in kategorie "Geboue en strukture in Berlyn" Die volgende 35 bladsye is in hierdie kategorie, uit 'n totaal van 35.
<urn:uuid:efdc90b4-5593-43fa-87f3-1bd148b4617b>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Geboue_en_strukture_in_Berlyn
2019-07-18T14:03:03Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525634.13/warc/CC-MAIN-20190718125048-20190718151048-00103.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.997892
false
Karelies Karelies (karjala, karjal or kariela) is 'n taal wat in Karelië deur 118 000 mense gepraat word. Karelies behoort tot die Oosseefinse tak van die Fins-Oegriese tale, wat een van die twee subfamilies van die Oeraalse tale verteenwoordig. Karelies word in die Russiese deelrepubiek Karelië en deur omtrent 5000 mense in Finland gepraat. Karelies karjala, karjal, kariela | || ---|---|---| Gepraat in: | Rusland Finland | | Gebied: | Karelië | | Totale sprekers: | 35 600[1] | | Taalfamilie: | Oeraals Fins-Oegries Fins-Permies Fins-Wolgaïes Fins-Samies Oosseefins Karelies | | Skrifstelsel: | Latynse alfabet (Finse variant) Cyrilliese alfabet (Rusland) | | Amptelike status | || Amptelike taal in: | erken as minderheidstaal in: | | Gereguleer deur: | geen | | Taalkodes | || ISO 639-1: | geen | | ISO 639-2: | krl | | ISO 639-3: | krl | | Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. | Karelies is nou verwant aan Fins en dit word nie altyd as 'n aparte taal gesien nie. Die twee tale se grammatika is identies en dit verskil hoofsaaklik in woordeskat en uitspraak. Karelies beskik oor die klanke "z", "sh" en "zh" terwyl die klanke in Fins gereduseer is na "s". Fins is sterk deur Sweeds beïnvloed as gevolg van die lang geskiedenis wat dit as Sweedse besitting gehad terwyl Karlies reeds lank in die Russiese sfeer is en dus meer Russiese leenwoorde insluit[4] en op ander maniere deur Russies beïnvloed is.[5] Westelike Kareliese dialekte kan nouliks van oostelike Finse dialekte onderskei word.[4] Karelies word dus as 'n taal apart van Fins besou eerder om geopolitiese redes as taalkundige oorweginge.[6] Onder die Finse tale het Karelies die onderskeid dat die oudste geskrewe vorm van Fins daarin geskryf is, wat terug dateer na die 13de eeu. Dit bestaan uit 'n drie-lyn teksfragment op 'n strook boombas wat in 1957 tydens argeologiese opgrawings in Nowgorod ontdek is. Ironies genoeg is daar, anders as in die geval van Fins, egter steeds geen Kareliese standaardtaal en gepaardgaande ortografie nie. VerwysingsWysig - ( ) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Karelian". Ethnologue. Besoek op 7 November 2017. - ( ) Change in the regulation by the president of Finland about European Charter for Regional or Minority Languages, 27.11.2009 - ( ) "Законодательные акты - Правительство Республики Карелия". gov.karelia.ru. - Rein Taagepera, The Finno-Ugric Republics and the Russian State, Uitgegee deur C. Hurst & Co. Publishers, 1999, ISBN 1-85065-293-7, 9781850652939, bl. 110 - Östen Dahl, Past and Present, The role of language contact in the formation of Karelian past, Uitgegee deur John Benjamins Publishing Company, 2001 ISBN 90-272-3057-9, 9789027230577, bl. 258 - The Peoples of the Red Book, THE KARELIANS, besoek op 4 Januarie 2009
<urn:uuid:58962026-5ad8-45af-a11d-133928d63871>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Karelies
2019-07-19T18:44:01Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526337.45/warc/CC-MAIN-20190719182214-20190719204214-00263.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999069
false
Lêer:Brahma 1820.jpg Jump to navigation Jump to search Brahma_1820.jpg (491 × 599 piksels, lêergrootte: 66 KG, MIME-tipe: image/jpeg) Lêergeskiedenis Klik op die datum/tyd om te sien hoe die lêer destyds gelyk het. Datum/Tyd | Duimnaelskets | Dimensies | Gebruiker | Opmerking | | ---|---|---|---|---|---| huidig | 15:20, 10 Maart 2006 | 491 × 599 (66 KG) | Ranveig | Cropped some whitespace. | | 14:42, 10 Maart 2006 | 550 × 733 (54 KG) | Ranveig | "Handcoloured engravings by Frederic Shoberl from his work 'The World in Miniature: Hindoostan'. London: R. Ackerman, 1820's." Source: http://www.columbia.edu/itc/mealac/pritchett/00routesdata/1800_1899/dailylife_drawings/shoberl/shoberl.html [[categor | Lêergebruik Globale lêergebruik Die volgende ander wiki's gebruik hierdie lêer: - Gebruik in ar.wikipedia.org - Gebruik in ba.wikipedia.org - Gebruik in bg.wikipedia.org - Gebruik in bs.wikipedia.org - Gebruik in ckb.wikipedia.org - Gebruik in cs.wikipedia.org - Gebruik in cy.wikipedia.org - Gebruik in el.wikipedia.org - Gebruik in en.wikiquote.org - Gebruik in fa.wikipedia.org - Gebruik in fo.wikipedia.org - Gebruik in hr.wikipedia.org - Gebruik in hu.wikipedia.org - Gebruik in hy.wikipedia.org - Gebruik in id.wikipedia.org - Gebruik in it.wikipedia.org - Gebruik in kn.wiktionary.org - Gebruik in la.wikipedia.org - Gebruik in lv.wikipedia.org - Gebruik in ml.wikipedia.org - Gebruik in mwl.wikipedia.org - Gebruik in nl.wikipedia.org - Gebruik in nn.wikipedia.org - Gebruik in oc.wikipedia.org - Gebruik in pa.wikipedia.org - Gebruik in pl.wikipedia.org - Gebruik in pt.wikipedia.org - Gebruik in pt.wikibooks.org - Gebruik in ru.wikipedia.org - Gebruik in sa.wikiquote.org - Gebruik in scn.wikipedia.org - Gebruik in sco.wikipedia.org - Gebruik in sh.wikipedia.org - Gebruik in simple.wikipedia.org - Gebruik in sk.wikipedia.org - Gebruik in sl.wikipedia.org - Gebruik in sr.wikipedia.org - Gebruik in ta.wiktionary.org Wys meer globale gebruik van die lêer.
<urn:uuid:7a353e42-887c-44a7-9587-0c836213bac6>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org…:Brahma_1820.jpg
2019-07-19T19:03:52Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526337.45/warc/CC-MAIN-20190719182214-20190719204214-00263.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "mark" ], "in_footer": [ false, false ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "1.0" ] }
false
true
Latn
afr
0.946913
false
91ste Oscar-toekenningsaand Datum | 24 Februarie 2019 | | Plek | Dolby-teater, Hollywood | | Pryse & benoemings | || Beste rolprent | Green Book | | Beste regisseur | Alfonso Cuarón | | Beste akteur | Rami Malek | | Beste aktrise | Olivia Colman | | Meeste pryse | Bohemian Rhapsody (4) | | Meeste benoemings | The Favourite en Roma (10) | Die 91ste Oscar-toekenningsaand is op 24 Februarie 2019 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in die Dolby-teater in Hollywood, Los Angeles, gehou om met Oscars, ook bekend as Academy Awards, erkenning te gee aan die rolprente van 2018. Dit was die eerste Oscar-seremonie in drie dekades wat nie ’n aanbieder gehad het nie; die laaste keer dat dit gebeur het, was in 1989. Bohemian Rhapsody het die meeste pryse, vier, gewen. Dit sluit in die prys vir beste akteur vir Rami Malek se vertolking van Freddie Mercury. Green Book het drie pryse gewen, insluitende vir beste rolprent. Roma en Black Panther het elk ook drie Oscars gewen. Eersgenoemde het die prys vir beste regisseur gewen vir Alfonso Cuarón; dit was die eerste Mexikaanse inskrywing wat die Oscar vir beste buitelandse rolprent wen. Olivia Colman het die Oscar vir beste aktrise gewen vir haar vertolking van koningin Anna van Groot-Brittanje in The Favourite.[1] Pryse[wysig | wysig bron] Beste rolprent | Beste regisseur | ---|---| Beste akteur | Beste aktrise | Beste manlike byspeler | Beste vroulike byspeler | Beste oorspronklike draaiboek | Beste verwerkte draaiboek | Beste animasieprent | Beste buitelandse rolprent | Beste oorspronklike musiek | Beste oorspronklike liedjie | Beste produksie-ontwerp | Beste kinematografie | Beste rolprentredigering | Beste visuele effekte | Verwysings[wysig | wysig bron] - "Oscars 2019: Green Book wins best picture as Rami Malek and Olivia Colman reign – as it happened". The Guardian. 24 Februarie 2019. Besoek op 26 Februarie 2019. - Nardine, Saad (18 Januarie 2019). "Tracee Ellis Ross and Kumail Nanjiani to announce Oscar nominations". Chicago Tribune. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Januarie 2019. Besoek op 26 Januarie 2019. - "Oscars 2019: Roma and The Favourite vie for glory with 10 nominations each". The Guardian. 22 Januarie 2019. Besoek op 26 Januarie 2019.
<urn:uuid:69da80a2-6bd2-43dc-9f4a-ee7ea5d9b544>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/91ste_Oscar-toekenningsaand
2019-07-21T00:53:05Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526799.4/warc/CC-MAIN-20190720235054-20190721021054-00423.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999779
false
van Rensburg, S.P.J.J., South Africa - Vol 21, No 2/3 (1965) - Original Research Die kerk, die eenheid en die grens van die kerk Abstract PDF - Vol 22, No 4 (1966) - Original Research Een en ander oor die ontwikkeling van die nuwe testamentiese wetenskap die afgelope vyftig jaar Abstract PDF - Vol 23, No 4 (1967) - Original Research Die sin van die nieu-testamentiese eskatologie Abstract PDF - Vol 26, No 1/2 (1970) - Original Research Heiliging volgens die nuwe testament Abstract PDF - Vol 21, No 1 (1965) - Original Research Die onvergeeflike sonde Abstract PDF
<urn:uuid:3e379e4d-0d57-4330-b58a-9ad50cf7c5db>
CC-MAIN-2019-30
https://hts.org.za/index.php/hts/search/authors/view?firstName=S.P.J.J.&middleName=&lastName=van%20Rensburg&affiliation=&country=ZA
2019-07-16T03:17:25Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524475.48/warc/CC-MAIN-20190716015213-20190716041213-00367.warc.gz
by
4.0
a_tag
false
true
{ "abbr": [ "by" ], "in_footer": [ true ], "in_head": [ false ], "location": [ "a_tag" ], "version": [ "4.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.962095
false
Bespreking:Darrenwood Jump to navigation Jump to search Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Darrenwood-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. | Artikelriglyne Daaglikse bladtrekke | |
<urn:uuid:aecb9547-c95a-4c55-9b02-33dcc6de0178>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Darrenwood
2019-07-17T06:39:23Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525094.53/warc/CC-MAIN-20190717061451-20190717083451-00527.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999976
false
Oleg van Kiëf Oleg Grootprins van Kiëf | ---| Vorstehuis | Rjoerik | ---|---| Regeer | 879 – 912 | Bynaam | Oleg die Wyse | Voorgangers | Rjoerik (Nowgorod), Askold en Dir (Kiëf) | Opvolger | Igor | Grootprins Oleg die Wyse (Russies: Олег; Oudnoors: Helgi) was die heerser van die Rjoerik-dinastie wat die hoofstad van Roes geskuif het van Nowgorod na Kiëf, en daarmee die magtige Kiëf-Roes gestig het. Hy het vermoedelik van 879 tot 912 regeer. Oleg was ’n familielid van Rjoerik (waarskynlik sy swaer) en Rjoerik het dus die ryk wat hy gestig het, in 879 aan Oleg toevertrou sodat hy as regent vir sy seun Igor kon optree. Oleg het sy mag in die rigting van die Dnjepr-rivier vergroot. Hy het eindelik Kiëf verower en die stad se heersers, Askold en Dir (ook Warangiërs), vermoor. Hy het daarna Kiëf sy nuwe hoofstad gemaak. Oleg is waarskynlik in 912 dood. In sowel Staraja Ladoga as Kiëf is daar ’n grafheuwel waar hy na bewering begrawe is. Verwysings[wysig | wysig bron] - Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Nederlandse Wikipedia-artikel nl:Oleg van Kiev
<urn:uuid:fe55b74f-eac8-43df-890c-612176997583>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Oleg_van_Ki%C3%ABf
2019-07-18T13:19:23Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525634.13/warc/CC-MAIN-20190718125048-20190718151048-00127.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999967
false
Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings Hierdie stel bladsye dien as 'n ry uitgesoekte herdenkings in die geskiedenis, en word gebruik om "Uitgesoekte Herdenkings" op die Tuisblad te koördineer. Voel vry om hierdie lys te verbeter, maar volg asseblief die riglyne. Let ook daarop dat herdenkings op individuele datumartikels in die teenwoordige tyd geskryf word, en "uitgesoekte herdenkings" in hierdie lys óók in die teenwoordige tyd geskryf word (anders as by die Engelse Wikipedia). Hierdie beleid verskil van die Engelse Wikipedia omdat dit só makliker werk in Afrikaans en die sinne maklik gekopieer kan word tussen die artikels. Huidige stel herdenkings: Kriteria om items te lys op hierdie stel bladsye[wysig bron] Die kriteria vir insluiting in die uitgesoekte herdenkingslys is redelik subjektief omdat enige gegewe dag vele geskiedkundige gebeurtenisse kan hê wat waardig is om hier gelys te word. So relatiewe artikelkwaliteit, tesame met die mengsel van onderwerpe wat reeds gelys word is meestal die bepalende faktore. Kriteria vir insluiting: - 'n maksimum van 4 gebeure (altyd in die teenwoordige tyd) en 3 vakansies/herdenkings per dag (tot 5 gebeure kan gebruik word vir dae wat geen vakansies/herdenkings het nie; geboortes en sterftes kan slegs gebruik word wanneer daar nie genoeg kwalifiserende gebeure is nie) - die gebeurtenis moet van redelike groot geskiedkundige waarde wees (relatief tot ander gebeure van daardie dag, of dae naby dit, in dieselfde jaar). So 'n kombinasie van die "grootheid" van die gebeurtenis, die samestelling van items alreeds gelys, tesame met die relatiewe volledigheid van die artikel is die kriteria wat gebruik word, tesame met die vereiste vir toepaslike "konteks". Probeer ook asseblief om elke inskrywing in 'n enkele sin te stel. Waak ook teen 'n Anglo- of Amerosentriese lys gebeure, waar dinge uit suidelike Afrika dalk meer relevant sou wees. Uitgesoekte herdenkings sub-bladsye[wysig bron] - /Januarie - /Februarie - /Maart - /April - /Mei - /Junie - /Julie - /Augustus - /September - /Oktober - /November - /Desember
<urn:uuid:4d93306f-0a85-4257-95da-8e30f9164e34>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Wikipedia:Uitgesoekte_herdenkings
2019-07-18T13:34:36Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525634.13/warc/CC-MAIN-20190718125048-20190718151048-00127.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
1.000001
false
Drakensberge Die Drakensberge, wat oor 'n afstand van byna 1 000 kilometer van die Kaapse Stormberge deur die Vrystaat en KwaZulu-Natal tot by die Wolkberg in Limpopo strek, is die grootste bergreeks in Suider-Afrika, met die Thabana Ntlenyana ("Klein Berg") in Lesotho (3 482 meter) en die Mafadi in Suid-Afrika (3 451 meter) as sy hoogste punte. Ook 'n aantal van die ander pieke soos Ben Macdhui (in Oos-Kaap), Cathkinpiek, Cathedralpiek, Cleftpiek, Giant's Castle en Sentinel verrys almal meer as 3 000 meter. Die Drakensberge skei die hoogplato van die Suid-Afrikaanse binneland van die laerliggende kusgebiede in die ooste van die land en is die grootste waterskeiding. Die Oranje- en Tugelarivier, twee van Suid-Afrika se grootste riviere, het hulle oorsprong by die Mont-aux-Sources (Frans: "Berg by die bronne"). Die Drakensberge het hulle ontstaan sowat 150 miljoen jaar gelede aan vulkaniese uitbarstings te danke en is 'n oorblyfsel van 'n groter plato. Hulle Afrikaanse naam verwys na 'n ou legende waarvolgens dit die tuiste van vuurspuwende drake sou wees. Die Zoeloes noem die Drakensbergreeks uKhahlamba of "Versperring van spiese". Sneeuval kom gereeld voor in die winter, terwyl mis en reën die hele jaar kan voorkom. Die Koninklike Natalse Nasionale Park is een van die mees bekende in Suid-Afrika. Naas die oorsprong van die Tugelarivier en die tweede hoogste waterval ter wêreld, die Tugelawaterval (912 meter), spog die park met meer as 170 voëlspesies, waaronder die bedreigde lammervanger. Die sentrale gedeelte van die bergreeks beskik oor 'n groot aantal voetslaanpaaie, wat ook toegang bied tot die rotskuns van die Boesmans. Daar is talle bergpasse oor die Drakensberg waarvan die Sanipas een van die bekendste is.
<urn:uuid:9cd38547-323d-4587-a5b5-3029a3a6bbac>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Drakensberge
2019-07-21T01:04:30Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526799.4/warc/CC-MAIN-20190720235054-20190721021054-00447.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999922
false
Wikipedia:Voorbladartikels 2009 Hierdie is die argief van al die artikel wat tydens 2009 as spogartikel op die voorblad gepryk het. Week 1 Saturnus is die sesde planeet van die Son af. Dit is 'n gasreus en die tweede grootste planeet in die sonnestelsel na Jupiter. Die planeet is vernoem na die Romeinse god Saturnus en sy simbool is 'n gestileerde weergawe van Saturnus se sekel (♄). Saturnus het 'n kenmerkende ringstelsel wat hoofsaaklik bestaan uit ysdeeltjies, klipperige afval en stof. Die planeet het ten minste 60 mane, waarvan Titaan die grootste is. Die spoed van wind kan op Saturnus tot 1800km/h bereik. Week 2 Wes-Australië is 'n Australiese deelstaat wat die hele westelike derde van die Australiese kontinent beslaan. Dit is die land se grootste staat, maar bevat met 2,1 miljoen inwoners slegs 10% van die totale bevolking. Hiervan is 85% in die suidwestelike hoek van die staat woonagagtig. Perth is die hoofstad van Wes-Australië en is geleë op die staat se 12 889 km-lange kuslyn. Week 3 In die 20ste eeu het Rusland die kern gevorm van die Sowjetunie, die wêreld se eerste en grootste grondwetlik sosialistiese staat en saam met Amerika een van die wêreld se twee supermoondhede. Toe die Sowjetunie in 1991 verbrokkel, is die Russiese Federasie gestig. Rusland is ’n permanente lid van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad en 'n voorste lid van die Gemenebes van Onafhanklike State en G8. Week 4 Saffraan is 'n spesery van die blom van die Saffraankrokus. Die blom se drie stempels en se styl (die steel wat die stigmas met die res van die plant verbind) word baie keer gedroog en in kookkuns as geur- en kleurmiddel gebruik. Saffraan word gekenmerk deur 'n bitter smaak en 'n jodoform - of hooi-agtige geur en 'n gee aan kos 'n ryk goudgeel skakering. Hierdie eienskappe maak saffraan 'n gesogte bestanddeel in baie voedselsoorte die wêreld oor. Saffraan het ook mediese toepassings. Week 5 In hierdie periode het die kolonies hulle onderlinge geskille laat staan en gesamentlik in opstand teen die Britse heerskappy gekom. Een van die hoofredes hiervoor was die Britse ekonomiese beleid ten opsigte van die kolonies. Die Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog het gevolg en vanaf 1775 tot 1783 geduur. Die oorlog het sy hoogtepunt met die Amerikaanse Onafhanklikheidsverklaring in 1776 en die Kolonies se militêre oorwinning in 1781 bereik. Week 6 Katharisme was 'n godsdienstige beweging wat aktief was tydens die laat Middeleeue in veral Suid-Frankryk, Italië, Spanje en Duitsland. Die Kathare het hulself as die ware Christelike Kerk beskou, waar Jesus die sentrale plek ingeneem het. Op die basis van hulle dualistiese opvattinge het hulle die Ou Testament afgekeur. Die Kathare het die God van die Ou Testament as die Demiurg beskou: die bose skepper van die fisiese wêreld. Week 7 Middeleeuse kookkuns verwys na die voedsel, kookmetodes en eetgewoontes van verskeie Europese kulture tydens die Middeleeue, 'n periode van ongeveer die 5de eeu tot die 16de eeu, wat sterk verskil van die verfynde kookkuns van die Griekse en Romeinse oudheid. Die veranderinge ten opsigte van die dieet en maniere van kos voorberei het regoor Europa in die spanningsveld tussen hongersnode, religieuse voorskrifte en adellike verspilsug plaasgevind. Brood was die algemene stapelvoedsel, gevolg deur ander graankosse soos pap en pasta. Vleis was hoër geag en duurder as graan of groente. Week 8 Oscar Niemeyer is 'n Brasiliaanse argitek wat as een van die belangrikste figure van die internasionale moderne argitektuur beskou word. Hy was 'n pionier wat onder meer met die boukundige moontlikhede van gewapende beton geëksperimenteer het. Niemeyer se geboue word deur baie dinamiese vorms en boë gekenmerk en sommige van sy bewonderaars verwys na Niemeyer eerder as 'n beeldhouer van monumente as 'n argitek. Sy beduidendste projek, die nuwe Brasiliaanse hoofstad Brasilia, wat hy saam met Lucio Costa ontwerp het, is deur die UNESCO in 1987 as wêrelderfenisgebied aangewys. Week 9 Die seekoei is 'n groot, oorwegend plantetende Afrika-soogdier. Dit is 'n halfwaterliewende dier en woon in groepe van vyf tot dertig seekoeie in riviere en mere in Afrika suid van die Sahara. Bedags verkoel hy homself deur in die water of modder te bly. Voortplanting en geboorte gebeur ook hier; met territoriale bulle wat waghou oor hulle stukkie water. Die diere verskyn teen skemer aan wal om gras te vreet. Hoewel groepsverband en -gebied in die water geld, vreet seekoeie alleen op land, sonder beskerming van grondgebied. Week 10 Milwaukee is die grootste stad en belangrikste hawe van die VSA-deelstaat Wisconsin en die 22ste grootste stad in die land. Die stad lê aan die suidwestelike oewer van die Michigan-meer, 112 kilometer noord van Chicago. Dit dien as die administratiewe setel van die Milwaukee-distrik en as die kulturele en ekonomiese sentrum van die metropolitaanse gebied van Milwaukee-Racine-Waukesha. Die eerste Europeërs wat die gebied van Milwaukee verken het, was Franse sendelinge en pelshandelaars. Danksy die groot getalle Duitse en ander immigrante het die stad in die 1840's en in die volgende dekades vinnig gegroei. Week 11 Parasetamol is 'n gewilde pynstiller en koorswerende middel. Die middel is afkomstig van koolteer en word oor die algemeen deur die menslike liggaam goed verdra: baie van die newe-effekte van aspirien word nie aangetref nie. Dit is oor die toonbank verkrygbaar en word dikwels gebruik vir die afwering van koors, hoofpyn en ander klein pyne en skete. Dit word ook saam met ander nie-steroïede anti-inflammatoriese middels (soos ibuprofen) of opioïediese pynstillers gebruik om ernstiger pyn te behandel. Parasetamol is ook 'n hoofbestanddeel in verskeie geneesmiddels vir verkoue en griep. Week 12 Gotenburg is aan die weskus van Swede naby die monding van die rivier Göta älv in die Kattegat geleë. Die geografies gunstige ligging halfpad tussen Stockholm, Kopenhagen en Oslo het van Gotenburg die belangrikste hawe in Noord-Europa gemaak. Die Gotenburghawe hanteer jaarliks 30 miljoen ton vrag en passasierskepe vervoer jaarliks meer as vier miljoen passasiers na Swede. Die tradisionele skeepsbou het vanweë die sterk mededinging agteruitgegaan, maar Gotenburg is nog steeds 'n beduidende nywerheidsentrum en huisves die hoofkwartiere van Volvo, SKF (koeëllaers) en Hasselblad (kameras). Week 13 Henry James was 'n Amerikaans-gebore skrywer en letterkundige kritikus tydens die laat 19de en vroeë 20ste eeu. Hy was die seun van teoloog Henry James Sr. en broer van die filosoof en psigoloog William James en ook van dagboekskryfster Alice James. Hy is meestal bekend vir sy romans, novellas en kortverhale gebaseer op temas soos bewustheid en moraliteit. James was 'n veelbetekende bydraer tot die kritisering van fiksie, veral in sy aandrang dat skrywers die grootste moontlike vryheid toegestaan word om hulle siening van die wêreld aan te bied. Week 14 Nedersakse is 'n deelstaat in die noorde van Duitsland. Volgens sy oppervlakte van 47 624 vierkante kilometer en sy bevolking van naastenby 8 miljoen mense is Nedersakse die grootste deelstaat van Noord-Duitsland en die tweede grootste in Duitsland ná Beiere. Die oudste historiese dokumente wat na die gebied van die huidige Nedersakse verwys dateer uit die Romeinse tydperk. Die naam "Nedersakse" is al baie oud en die naam en wapen van die huidige Duitse deelstaat verwys na die Germaanse stam van die Saksers. Week 15 Fins behoort tot die Fins-Oegriese tale en is nou verwant aan Esties en verlangs aan Hongaars. Dit is naas Sweeds een van die twee amptelike tale van Finland met sowat 4,7 miljoen moedertaalsprekers (92 persent van die totale bevolking) en ook een van die ampstale van die Europese Unie. Fins verskil in baie opsigte sterk van die Indo-Europese tale wat oorwegend in Europa gepraat word. Oor die eeue heen het die kontak met Indo-Europese tale egter 'n groot invloed op byvoorbeeld die sinsbou en woordeskat van die Finse taal uitgeoefen. Week 16 Marlene Dietrich was 'n Duits-gebore aktrise en sangeres. In die vroeë dertigerjare het sy internasionale erkenning behaal met rolprente soos Der blaue Engel. Sy was dan ook die eerste Duitse aktrise wat 'n suksesvolle loopbaan in Hollywood begin het. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het sy die Verenigde State se militêre optrede teen Nazi-Duitsland gesteun. Sy het haar ná haar loopbaan aan die openbare lewe onttrek en is in 1992 in haar Paryse woonstel oorlede. Sy is in haar geboortestad Berlyn ter ruste gelê. Week 17 Die blouwalvis is 'n seesoogdier wat aan die suborde van die baardwalvisse behoort. Met 'n lengte van tussen 23 en 30,5 m en 'n massa van tot 136 ton, is dit die grootste dier op aarde. Die blouwalvis se dieet bestaan hoofsaaklik uit planktonkrefies ('n soort skaaldier), asook klein vissies en soms pylinkvis. Aan die begin van die twintigste eeu was blouwalvisse volop in byna al die planeet se oseane. Vir meer as 40 jaar is hulle egter byna tot uitsterwing gejag, totdat die internasionale gemeenskap in 1966 besluit het om die diere te beskerm. Week 18 Anne Frank was 'n Joodse meisie wat postuum internasionale bekendheid verwerf met die publisering van haar dagboek, waarin sy haar ervaringe tydens die Tweede Wêreldoorlog aangeteken het. Anne het in 1933 saam met haar familie na Amsterdam verhuis, maar tydens die Duiste besetting van Nederland was hulle daar vasgevang. Die Agterhuis beskryf haar lewensloop van 12 Junie 1942 tot 1 Augustus 1944. Dit is reeds na baie ander tale vertaal en is een van die wêreld se mees gelese boeke, asook die basis vir verskeie rolprente en toneelstukke. Week 19 Brasilië is die grootste land in Suid-Amerika en die vyfde grootste land in die wêreld. Die land strek oor die uitgestrekte gebied vanaf sentraal Suid-Amerika en die Atlantiese Oseaan. Brasilië grens inderwaarheid aan bykans elke Suid-Amerikaanse land buiten Ecuador en Chili. Brasilië bevat uitgebreide landbougebiede en reënwoude. Met sy baie natuurlike hulpbronne en groot arbeidsmark is die land Suid-Amerika se leidende ekonomiese moondheid. Omdat dit 'n kolonie van Portugal was, is Portugees die amptelike taal van Brasilië. Week 20 J. H. Pierneef was 'n Suid-Afrikaanse landskapkunstenaar en word algemeen beskou as een van die beste ou Suid-Afrikaanse meesters. Sy kenmerkende styl word wyd herken en sy werk is grootliks deur die Suid-Afrikaanse landskap beïnvloed. Baie van sy kunswerke is van die Suid-Afrikaanse hoëveld, waarin hy ook 'n lewenslange inspirasie gevind het. Pierneef se styl was om die landskap tot meetkundige strukture te reduseer, deur plat vlakke, lyne en kleur te gebruik om die harmonie en orde in natuur voor te stel. Week 21 Swede is die grootste van die Skandinawiese lande. Die hoofstad is Stockholm. Swede is 'n konstitusionele, erflike monargie met koning Carl XVI Gustaf as seremoniële staatshoof en 'n parlementêre demokratiese regeringstelsel met 'n eenkamerparlement, die Riksdag. Swede se ekonomie is sterk uitvoergerig en word ondanks die relatief klein bevolking deur 'n groot aantal multinasionale maatskappye gekenmerk wat suksesvol op die wêreldmark meeding. Week 22 Vermont is bekend vir sy natuurskoon, waaronder die Green Mountains-bergreeks in die weste en die Champlainmeer in die noordweste: sowat agt miljoen toeriste word jaarliks hierheen gelok. Die staat is ook die vernaamste produsent van esdoringstroop in die VSA. Week 23 Waterstof is die chemiese element met atoomgetal 1. Dit word voorgestel deur die simbool H. By standaard temperatuur en druk is waterstof 'n kleurlose, reuklose, nie-metallieke, smaaklose, hoogs vlambare, diatomiese gas met die molekulêre formule H2. Dit is nie net die ligste nie, maar ook die volopste element: dit vorm rofweg 75% van die heelal se elementêre massa. Die mees algemene isotoop van waterstof is protium met 'n enkel proton sonder neutrone. In ioniese verbindings kan dit 'n positiewe lading neem ('n katioon gevorm uit 'n ontblote proton) of 'n negatiewe lading ('n anioon, bekend as 'n hidried). Week 24 Koningin Victoria (1819 – 1901) was van 20 Junie 1837 tot en met haar dood die koningin van die Verenigde Koninkryk en van 1 Mei 1876 die eerste Keiserin van Indië. Sy het 63 jaar en 7 maande regeer, langer as enige ander Britse monarg. Die periode van haar bewind is bekend as die Victoriaanse tydperk: ’n era van nywerheids-, politieke en militêre vooruitgang in die Verenigde Koninkryk. Hoewel sy die troon bestyg het in ’n tyd waarin die monarg min politieke mag gehad het en invloed uitgeoefen het met die raad van die eerste minister, was sy steeds ’n baie belangrike simboliese figuur van haar tyd. Week 25 Chicago is die grootste stad in die Amerikaanse deelstaat Illinois en met 'n bevolking van byna drie miljoen ook die derde grootste stad in die Verenigde State. Die stad is in 1833 as 'n dorp gestig wat die Groot Mere met die Mississippirivierstelsel verbind het en het vinnig tot 'n beduidende vervoersentrum in die Noordwesgebied ontwikkel, met stoomboot-, kanaal- en (sedert 1855) spoorwegverbindings na ander belangrike gebiede in die VSA. In 1890 is dit reeds by die tien invloedrykste wêreldstede gereken en was ook 'n belangrike nywerheids-, politieke, geneeskundige en opvoedkundige sentrum. Week 26 Leonardo da Vinci (1452 – 1519) was 'n Italiaanse veelweter: 'n wetenskaplike, wiskundige, ingenieur, ontleedkundige, uitvinder, skilder, beeldhouer, argitek, tuinkundige, musikant en skrywer. Hy word dikwels beskryf as die argetipiese "Renaissance-man" of universele genie: 'n man wie se skynbare eindelose verbeelding slegs deur sy uitvindingsvermoë geëwenaar is. Hy word tans veral vir sy skilderwerk onthou: twee van sy werke, die Mona Lisa en Die Laaste Avondmaal, beklee beide unieke posisies as die bekendste, mees geïllustreerde en mees nageaapte portret en religieuse skildery van alle tye. Week 27 Die Groot Mark is die sentrale stadsplein in Brussel. Dit word omring deur versierde gildehuise in die Italiaanse Barokstyl, die stadsaal en die Broodhuis. Die plein is Brussel se belangrikste toeristebestemming en saam met die Atomium en Manneken Pis een van die stad se gewildste landmerke. UNESCO het die Groot Markplein in 1998 tot 'n wêrelderfenisgebied verklaar. Aan die begin van Julie vind die jaarlikse "Ommegang", 'n geskiedkundige optog, hier plaas en die plein word tweejaarliks in mid-Augustus met 'n groot blomtapyt versier. Week 28 Washington, D.C. is die administratiewe hoofstad van die Verenigde State van Amerika. Die stad is vernoem na George Washington, die militêre leier van die Amerikaanse Revolusionêre Oorlog en die eerste President van die Verenigde State. Die Distrik van Columbia dien as die sentrum van sowel die wetgewende en uitvoerende asook die regsprekende gesag van die Verenigde State. Die stad huisves daarnaas ook die hoofkwartiere van die Wêreldbank, die Internasionale Monetêre Fonds, die Organisasie van Amerikaanse State en ander nasionale en internasionale instellings. Week 29 Ganesja is een van die bekendste en geliefdste Hindoegode. Aanbidding van Ganesja is nie slegs tot Hindoes en Indië beperk nie, maar kom wydverspreid voor, ook onder Djains en Boeddhiste. Ganesja word maklik geïdentifiseer as die god met 'n olifantkop en hy word oor die algemeen vereer as die Heer van Beginpunte en Heer van Hindernisse. Ganesja het as 'n afsonderlike goddelikheid ontwikkel in duidelik-herkenbare vorm in die 4de en 5de eeue. Hy het vinnig gewild geword en is in die 9de eeu plegtig ingesluit in die vyf hoofgode van Smartisme ('n Hindoe-denominasie). Week 30 Die Sonnestelsel bestaan uit die Son en die ander hemelliggame wat deur swaartekrag daaraan gebind is en daarom wentel. Die hemelliggame in ons sonnestelsel bestaan uit die agt planete, hulle 166 bekende mane, vyf dwergplanete en biljoene ander klein liggame. Hierdie klein liggame, of klein sonnestelselvoorwerpe (KSV's), sluit asteroïdes, ysige Kuiper-gordelvoorwerpe, komete, meteoroïdes en interplanetêre stof in. Die planete in die Sonnestelsel (in volgorde van hulle afstand van die Son) is: Mercurius, Venus, Aarde, Mars, Jupiter, Saturnus, Uranus en Neptunus. Week 31 Salvador Dalí was een van die belangrikste skilders van die 20ste eeu en is beroemd vir sy surrealistiese werk. Een van sy bekendste werke, "Die volharding van herinnering" is in 1931 voltooi. Sy kunssinnige repertorium het ook rolprente, beeldhouwerk en fotografie ingesluit. Hy het saam met Walt Disney gewerk aan die Oscar-benoemde kort animasierolprent Destino, wat postuum in 2003 uitgereik is. Alhoewel hy in Spanje gebore is, het Dalí op sy Arabiese afkoms aangedring en beweer dat sy voorouers afkomstig was van die More wat Spanje in 711 binnegeval het. Week 32 'n Sterrestelsel is 'n massiewe stelsel wat deur swaartekrag gebind word en uit sterre, gas, stof en donker materie bestaan. Die sterre wentel almal om die sterrestelsel se massamiddelpunt of gemeenskaplike swaartepunt. Sterrestelsels kan ook sterstelsels (sterre wat om mekaar wentel), sterreswerms en verskeie interstellêre wolke bevat. Die Son is een van die sterre in die Melkweg: die sterrestelsel wat die Sonnestelsel en die Aarde bevat. 'n Gemiddelde sterrestelsel bevat 100 000 miljoen sterre en die meeste sterrestelsels kom in groepe voor, wat tussen slegs 'n paar tot selfs duisende stelsels kan bevat. Week 33 Jesus is die sentrale figuur in die Christendom en is ook 'n belangrike figuur in verskeie ander gelowe. Christelike sienings oor Jesus fokus op die geloof dat Jesus die Messias is wie se aankoms in die Ou Testament van die Bybel voorspel word en dat hy opgestaan het uit die dood. Die meerderheid Christene glo dat Jesus die verpersoonliking van God is en dat hy gekom het om verlossing en versoening met God te bied. Jesus het self geen geskrewe werke agter gelaat nie en die hoofbronne van inligting rakende Jesus se lewe en sy leerstellings is die vier kanonieke Evangelies van die Nuwe Testament. Week 34 Kambodja is 'n land in Suidoos-Asië met 'n bevolking van net onder 15 miljoen mense. Kambodja is die opvolgerstaat van die eens magtige Hindoe en Boeddhistiese Khmer-ryk, wat oor die grootste deel van die Indo-Sjinese skiereiland regeer het tussen die 11de en 14de eeue. Kambodja grens aan Thailand in die weste en noordweste, met Laos in die noordooste en Viëtnam in die ooste en suid-ooste. In die suide word dit begrens deur die Golf van Thailand. Kambodja se grootste industrieë is die tekstielbedryf en toerisme. In 2006 het buitelandse toeriste die 1,7 miljoen vlak verbygesteek. Week 35 Wyn is 'n alkoholiese drankie, gemaak deur die fermentasie van druiwesap. Die natuurlike chemiese balans van druiwe is sodanig dat dit kan gis sonder dat suikers, suur, ensieme of ander voedingstowwe bygevoeg hoef te word. Alhoewel ander vrugte soos appels en bessies ook gegis kan word, word die wyn wat dit produseer gewoonlik vernoem na die vrug waarvan dit gemaak is, (byvoorbeeld appelwyn of vlierbessiewyn) en staan dit generies bekend as vrugtewyn. Week 36 Darmstadt is 'n stad in die Deelstaat Hesse in Duitsland. Darmstadt is reeds in die 11de eeu gevestig en, alhoewel dit tydens die Tweede Wêreldoorlog byna totaal vernietig was, is dit vandag die vierde grootste stad in Hesse. Die stad het 'n buitengewoon hoë konsentrasie van wetenskaplike instellings en staan ook as die "Wetenskapstad" van Hesse bekend. Die Tegniese Universiteit van Darmstadt en twee Tegniese Kolleges het op enige gegewe tyd meer as 30 000 studente en met 'n ongewoon hoë konsentrasie van besighede, navorsingsinstellings en -assosiasies vorm Darmstadt 'n geïntegreerde netwerk van kennis. Week 37 Tornado's is verwoestende werwelwinde wat gedurende die reënseisoen op die vastelande en eilande van Noord- en Sentraal-Amerika en die Karibiese See voorkom. Gewoonlik tree tornado's as donker, tregtervormige siklone op. Hulle word dikwels deur 'n donderbui en 'n muurwolk voorafgegaan. Tornado's behoort tot die mees verwoestende storms, en alhoewel hulle dwarsoor die wêreld in gebiede voorkom waar vogtige, tropiese winde oor uitgestrekte landstreke waai, is veral die Amerikaanse Midweste en in besonder die deelstate Oklahoma en Kansas, geneig tot tornado's. Week 38 Duitsland is een van die wêreld se voorste geïndustrialiseerde lande. Die Duitse Ryk is as 'n nasiestaat verenig tydens die Frans-Pruisiese oorlog in 1871. Vandag is die land 'n demokratiese, parlementêre en federale republiek wat uit 16 deelstate bestaan. Duitsland is 'n lid van die Verenigde Nasies, NAVO, die G8- en die G4-nasies en is 'n stigterslid van die Europese Unie. Dit is die land in die Europese Unie met die grootste bevolking en is ekonomies die magtigste. Week 39 Alexandrië is die tweede grootste stad van Egipte en sy belangrikste seehawe aan die Middellandse See met sowat vyf miljoen inwoners. Die stad huisves onder meer die Nuwe Biblioteek van Alexandrië en het danksy die aardgas- en oliepypleidings vanuit Suez tot 'n beduidende nywerheidsentrum ontwikkel. Dit beskik naas Kaïro oor die enigste internasionale lughawe in Egipte. Die stad is vernoem na Alexander die Grote dra en het danksy die invloedryke Ptolemeïese koningshuis tot een van die beduidendste metropole van die antieke wêreld en as hoofstad van Egipte tot die kulturele sentrum van die Hellenistiese wêreld ontwikkel. Week 40 Die Springbokke is Suid-Afrika se nasionale rugbyspan. Die span neem saam met Nieu-Seeland se All Blacks en Australië se Wallabies aan die Drie-Nasies Reeks deel, sowel as aan ander internasionale kompetisies soos die Rugby Wêreldbeker. Die Springbokke speel reeds sedert 1891 internasionale rugby toe 'n span van die Britse Eilande 'n toer na Suid-Afrika onderneem het waartydens die Springbokke hulle eerste toets op 30 Julie gespeel het. Die span word as een van die top-rugbyspanne ter wêreld beskou. Die huidige afrigter is Peter de Villiers en die kaptein John Smit. Week 41 Mos is klein plante wat selde hoër as 10 cm groei. Mos groei gewoonlik in digte trosse of matte in klam plekke of in skaduwee en kan op bome, rotse, vrot hout en grond groei. Veenmosse versamel in neerslae wat verskeie honderd meter dik kan wees. Mosplante kom in meeste landhabitatte voor en kan soms die dominante plantvorm wees. Moskolonies is belangrike elemente van talle ekostelsels, van die toendra tot die tropiese reënwoud. Hulle help om gronderosie te bekamp, water en voedingstowwe op te vang, verskaf beskutting vir mikrofauna en dien as kwekerye vir saailinge. Week 42 Die All Blacks is Nieu-Seeland se nasionale rugbyspan. Die span het vir die eerste keer in 1893 'n internasionale wedstryd gespeel en is tans tweede op die rugbywêreldranglys. Rugby is Nieu-Seeland se nasionale sport en die All Blacks is 'n gedugte krag in internasionale rugby met 'n wenrekord teen alle ander lande. Week 43 Die Oktoberfest is die grootste volksfees ter wêreld en word elke jaar in die Beierse hoofstad München in Suid-Duitsland gehou. Die plaaslike brouerye brou 'n spesiale bier, die sogenaamde Wiesn Märzen, met meer wort en 'n hoër alkoholgehalte vir hierdie fees, waar meer as ses miljoen besoekers kom om hul dors te les. Week 44 Die naam het in die Weste bekend geword ná die verskyning van 'n boek deur Aleksandr Solzhenitsyn in 1973, waarin hy die kampe met eilande vergelyk, omdat hulle oor die hele Sowjetunie verspreid was. Sowat 10 miljoen mense is na raming in die Goelag dood, sowel Sowjet-burgers as buitelanders soos Duitse, Poolse, Finse en Japannese krygsgevangenes. Week 45 Die sekretarisvoël is 'n groot roofvoël wat endemies aan Afrika is. Hierdie voëls word aan hulle unieke voorkoms gekenmerk: lang, kaal bene, met 'n statige houding en kuifvere met 'n swart punt. Hulle word gewoonlik in die oop grasvlaktes en savannes van sub-Sahara Afrika gevind, waar hulle bedags aktief op jag is na prooi. Die sekretarisvoël het 'n prominente plek op die Suid-Afrikaanse staatswapen. Dit simboliseer waaksaamheid en militêre slaankrag, sowel as die opkoms en die trots van die moderne Suid-Afrika. Die goue kleur van die embleem op die landswapen assosieer dit ook met die son en die hoogste gesag van die land. Week 46 Kanada is die noordelikste land ter wêreld en is (met 'n totaaloppervlak van byna 10 miljoen km²) ook die tweede grootste land. Hierdie uitgestrekte land is dun bevolk en die oorgrote meerderheid woon in die suide. Dis ook hier waar die meeste groot stede geleë is, soos die hoofstad Ottawa en die groot metropole Montreal en Toronto. Aangesien dit voorheen 'n Franse en toe 'n Britse kolonie was, is beide Engels en Frans die amptelike tale. Kanada is 'n moderne en tegnologies gevorderde land, en is grootliks self-ondersteunend as gevolg van groot reserwes fossielbrandstowwe, kernkrag- en hidro-elektriese kragopwekking. Die ekonomie is tradisioneel afhanklik van 'n groot oorvloed natuurlike hulpbronne en handel met die Verenigde State. Week 47 Perth is die hoofstad van Wes-Australië en met 1,5 miljoen inwoners is dit ook die grootste stad in hierdie staat. Byna 'n driekwart van die staat se inwoners woon in Perth en omliggende streke. Die stad is in 1829 deur Kaptein James Stirling gestig as die politieke sentrum van die vrye setlaars van die Swanrivierkolonie en is tot vandag steeds die setel van die Wes-Australiese regering. Die sentrale besigheidsdistrik en die woongebiede van Perth is aan die oewer van die Swanrivier geleë. Naas 'n bedrywige sakelewe is die stad ook gasheer vir verskeie kuns- en kultuurfeeste en word dit tans as die vyfde mees bewoonbare stad ter wêreld beskou. Week 48 Die Arktiese Oseaan, ook genoem die Noordelike Yssee, is hoofsaaklik in die Noordpoolstreek geleë. Dit is die kleinste van die wêreld se vyf oseane en die vlakste. Groot dele van die oseaan word vir dele van die jaar of die hele jaar deur see-ys bedek. Die oseaan se temperatuur en soutgehalte verskil seisoenaal, soos die boonste yslae smelt en weer vries. Dit het die laagste soutgehalte van die vyf oseane, as gevolg van die lae verdamping, hoë tal varswater wat afkomstig is van riviere en strome en die beperkte verbinding met die omliggende oseaniese waters wat hoër soutgehaltes het. In die winter is die oseaan in donkerte gehul wat gepaard gaan met koue stabiele weerstoestande en oop lug. In die somer is dit permanent dag met vogtige en mistige weer met swak siklone wat reën en sneeu teweegbring. Week 49 Hy was die regisseur van 62 rolprente (die meeste hiervan het hy self geskryf) en 170 toneelstukke. Die meeste van sy rolprente het in sy geboorteland, Swede, afgespeel. Die deurlopende temas van sy werke was dikwels mistroostig en het oor fisiese en psigiese siektes gehandel. Bergman was vir meer as 60 jaar aktief, maar sy loopbaan was ernstig bedreig in 1976, ná 'n verknoeide misdaadondersoek rakende beweerde belastingontduiking. Bergman het 'n aantal van sy produksies gestaak, sy ateljee gesluit en daarna tydens 'n selfopgelegde bannelingskap vir agt jaar vanuit Duitsland gewerk. Week 50 Die Aarde is die derde planeet van die Son af. Dit is die tuiste van miljoene spesies, waaronder ook die mens, en is die enigste plek in die heelal waar, sover kennis strek, lewe bestaan. Ongeveer 71% van die oppervlak word deur oseane bedek en die res deur kontinente en eilande. Die Aarde se binnenste dele is steeds aktief, met 'n dik mantellaag (wat relatief solied is), 'n vloeibare buitekern (wat die magneetveld skep) en 'n binnekern wat uit soliede yster bestaan. Die Aarde is in wisselwerking met ander voorwerpe in die ruimte, soos die Son en die Maan. Vir elke een keer wat die Aarde om die Son wentel, wentel dit ook ongeveer 366,26 keer om sy eie as; hierdie tydperk staan as 'n sterrejaar bekend. Die Aarde het 'n skuins as: dit lê in 'n helling van 66,6 grade ten opsigte van sy baanvlak en dit is hierdie skuinste van die as wat tot die verskillende seisoene in 'n jaar lei. Die Aarde se natuurlike satelliet, die Maan, is verantwoordelik vir die getye van die oseane. Verder stabiliseer die Maan die Aarde se as en vertraag hy stadigaan die planeet se omwenteling. Week 51 Die Etruskers was 'n historiese etniese groep en die beduidendste Voor-Romeinse beskawing in die antieke Italië, wat deur die Grieke "Tyrrhenoi" of "Tyrsenoi" en deur die Romeine "Etrusci" of "Tusci" genoem is. Die terme Tirreense See en Toscana is van hierdie benamings afgelei. Die Etruskers het na hulself as Rasenna verwys, 'n term wat verkort is tot Rasna of Raśna. Die hoogs ontwikkelde Etruskiese beskawing vorm saam met die Romeinse en Griekse beskawings een van die belangrikste kulturele en historiese fondamente van die Westerse beskawing. Ons huidige kennis oor die Etruskers gaan terug op antieke skrywers en argeologiese opgrawings. Die Etruskiese alfabet en tekste is maklik leesbaar, maar die taal self is nouliks bekend. Die meeste Etruskiese tekste is kort inskrifte op grafstene. Die werke van die Etruskiese literatuur het verlore gegaan. Etruskies is nie verwant aan enige bekende taal nie en baseer moontlik op 'n Voor-Indo-Europese substraat. Die Etruskiese beskawing het sy hoogtepunt in die stigtingsperiode van Rome en die Romeinse koninkryk bereik, en sy drie konfederasies het oor groot gebiede van Sentraal- en Noord-Italië gestrek: Etrurië, die Povallei en Latium, en Kampanië (Campania). Selfs Rome was oorspronklik in die Etruskiese gebied geleë. Argeologiese en historiese bewyse dui daarop dat die Etruskers die vroeë Rome tot by die Romeinse plundering van die Etruskiese stad Veii in 396 v.C. oorheers het. Week 52 Johanna van Arkel was 'n 15de eeuse nasionale heldin van Frankryk. Johanna het beweer dat sy visioene van God gehad het waarin sy aangesê is om haar land van Engelse oorheersing te bevry laat in die Honderdjarige Oorlog. Sy het vernaamheid verwerf toe sy die minagtende houding van die ervare bevelvoerders by die beleg in Orléans oorkom het en die beleg in slegs nege dae opgehef het. Sy is weens politiese redes van kettery aangekla en tereggestel toe sy slegs 19 jaar oud was. Die veroordeling is 24 jaar later deur die pous opsy gesit en sy is onskuldig en as martelaar verklaar. Johanna van Arkel is in 1909 saligverklaar en in 1920 tot heilige verklaar. Vandag is sy 'n belangrike figuur in Westerse kultuur en die res van die wêreld. Week 53 Saturnus is die sesde planeet van die Son af. Dit is 'n gasreus en die tweede grootste planeet in die sonnestelsel na Jupiter. Die planeet is vernoem na die Romeinse god Saturnus en sy simbool is 'n gestileerde weergawe van Saturnus se sekel (♄). Saturnus het 'n kenmerkende ringstelsel wat hoofsaaklik uit ysdeeltjies, klipperige afval en stof bestaan. Die planeet bestaan self hoofsaaklik uit waterstof, met klein proporsies helium en spore van ander elemente. Inwendig bestaan die planeet uit 'n klein kern van rots en ys wat deur 'n dik laag waterstof en 'n gas-agtige buitelaag omhul word. Die spoed van wind kan op Saturnus tot 1800km/h bereik, wat besonders vinniger is as die spoed van wind op Jupiter. Saturnus het ook 'n planetêre magnetiese veld, die sterkte van dié veld lê tussenin die sterkte van die Aarde se magnetiese veld en die kragtiger veld om Jupiter.
<urn:uuid:83e1e871-5816-4d16-809e-d1be4cf9dbaa>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Wikipedia:Voorbladartikels_2009
2019-07-21T00:43:03Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526799.4/warc/CC-MAIN-20190720235054-20190721021054-00447.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999996
false
Velthuysen, G.C., South Africa - Vol 35, No 3/4 (1979) - Original Research Die problematiek rondom "gebedsgenesing" en die "genadegawes van genesing" soos wat dit in die pinksterbeweging geleer en beoefen word Abstract PDF - Vol 38, No 2/3 (1982) - Original Research Die belydenis in dogmatiese verband Abstract PDF - Vol 40, No 3 (1984) - Original Research Wat is 'n sakrament? 'n Poging om 'n antwoord te vind Abstract PDF - Vol 40, No 4 (1984) - Original Research Verkiesing en predestinasie Abstract PDF - Vol 40, No 4 (1984) - Original Research Skrifbeskouing en die Nederlandse geloofsbelydenis Abstract PDF
<urn:uuid:bb9a9902-d909-443f-85f4-de2ab2a94b5f>
CC-MAIN-2019-30
https://hts.org.za/index.php/hts/search/authors/view?firstName=G.C.&middleName=&lastName=Velthuysen&affiliation=&country=ZA
2019-07-16T03:09:36Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524475.48/warc/CC-MAIN-20190716015213-20190716041213-00391.warc.gz
by
4.0
a_tag
false
true
{ "abbr": [ "by" ], "in_footer": [ true ], "in_head": [ false ], "location": [ "a_tag" ], "version": [ "4.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.971081
false
Verwante veranderings ← Muishond Jump to navigation Jump to search Tik 'n bladsynaam om veranderinge aan bladsye te sien wat daarvan of daarheen skakel. (Om inskrywings van 'n kategorie te sien, tik Kategorie:Naam van kategorie). Veranderinge aan bladsye op u dophoulys word in vetdruk aangedui. Lys van afkortings: - N - Met die wysiging is 'n nuwe bladsy geskep. (sien ook die lys van nuwe bladsye) - k - Hierdie is 'n klein wysiging - b - Hierdie wysiging is deur 'n bot gemaak - D - Wikidata-wysiging - (±123) - Bladsy is met die aantal grepe gewysig 16 Julie 2019 - Module:Citation/CS1; 20:38 -23 768 K175 Wysigings deur K175 teruggerol na laaste weergawe deur Fluxbot Etiket: Terugrol k - Module:Citation/CS1; 20:37 +23 768 K175 Sinchroniseer vanaf en:Module:Citation/CS1 14 Julie 2019 - Asië; 16:24 +2 K175 →Bron Etiket: Visuele teksverwerker - Roofdier; 03:45 -317 Rooiratel Etikette: 2017-bronwysiging, PHP7
<urn:uuid:44303644-482a-48fd-8807-d7ea4d834860>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:OnlangseVeranderingsMetSkakels/Muishond
2019-07-17T07:16:54Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525094.53/warc/CC-MAIN-20190717061451-20190717083451-00551.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999695
false