text
string
id
string
dump
string
url
string
date
string
file_path
string
license_abbr
string
license_version
string
license_location
string
license_in_head
bool
license_in_footer
bool
potential_licenses
dict
license_parse_error
bool
license_disagreement
bool
language_script
string
language
string
language_score
float64
found_in_fw
bool
Ted Knight Jump to navigation Jump to search Ted Knight | | Geboortenaam | Tadeusz Wladyslaw Konopka | ---|---| Geboorte | 7 Desember 1923 | Nasionaliteit | Amerikaans | Sterfte | 26 Augustus 1986 (op 62) | Kinders | 3 | Beroep(e) | Akteur | Aktiewe jare | 1950–1986 | Internet-rolprentdatabasis-profiel | Ted Knight (7 Desember 1923 – 26 Augustus 1986) was 'n Amerikaanse akteur. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente Countdown (1967) en Caddyshack (1980), en in die televisiereekse Mary Tyler Moore (1970) en Super Friends (1973). Filmografie[wysig | wysig bron] Rolprente[wysig | wysig bron] - 1964: The Candidate - 1967: Countdown - 1975: Emilio and His Magical Bull - 1980: Caddyshack Televisiereekse[wysig | wysig bron] - 1960: The Clear Horizon - 1966: The New Adventures of Superman - 1966: The Adventures of Superboy - 1967: Journey to the Center of the Earth - 1967: The Superman/Aquaman Hour of Adventure - 1967: Aquaman - 1968: The Batman/Superman Hour - 1968: Fantastic Voyage - 1970: Mary Tyler Moore - 1972: The John Byner Comedy Hour - 1972: The New Scooby-Doo Movies - 1973: Super Friends - 1973: Inch High, Private Eye - 1973: Lassie's Rescue Rangers - 1978: The Ted Knight Show - 1980: Too Close for Comfort Televisierolprente[wysig | wysig bron] - 1963: Young Men in a Hurry - 1969: Anatomy of a Crime - 1974: The Fireman's Ball - 1974: Paradise - 1979: Pat Boone and Family Easter Special - 1991: Mary Tyler Moore: The 20th Anniversary Show
<urn:uuid:743a536c-97ec-43f9-b3cd-60412957bcf2>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Ted_Knight
2019-07-20T01:38:23Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526401.41/warc/CC-MAIN-20190720004131-20190720030131-00397.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.874103
false
Tien jaar gelede het dr Elmi Muller die eerste nieroorplantings in Suid-Afrika op MIV-positiewe ontvangers gedoen. Sy het sedertdien al 51 sulke oorplantings gedoen. Ten years ago, Dr Elmi Muller performed the first kidney transplant on HIV positive patients in South Africa. She has since done 51 such operations. As jy gelukkig genoeg is om ‘n ouer te hê wat ‘n dinosouruskenner is, sal jy absoluut geen idee hê hoe dit voel om die kind van ‘n eertydse Latyn-onderwyseres te wees nie. Want waar jy gewoond is om ‘n hele paar “wow’s” te kry wanneer mense vra wat jou ma-hulle dan doen, is… Die man op die operasietafel was al meer as tien keer onder die mes om ’n gewas te verwyder. Vandag sal sy skedel nie weer oopgesny word nie – ’n voorste geneesheer sal die gewas sonder ’n enkele snit deur sy neus uithaal. Elsabé Brits was daar. Dillon (47) het ’n gewas so groot soos… Witborskraaie is lief om ander klein voëltjies te vang, maar het dit ’n invloed op die bevolkings van inheemse voëls? Dr. Arjun Amar van die Universiteit van Kaapstad se Percy FitzPatrick-instituut vir Afrika-voëlkunde het gesê dié verskynsel is iets wat baie mense sien en wat ontstellend kan wees. “Die afleiding word dan gemaak dat witborskraaie… Miljoene stukke klipgereedskap wat deur generasies van die mens se voorsate in Kathu in die Noord-Kaap gemaak is, word opgegrawe. Die terrein is tussen 700 000 en ’n miljoen jaar oud en was ’n reuse-werkswinkel vir ons menslike voorsate. Dié navorsing is pas deur argeoloë van die Universiteit van Kaapstad (UK), Universiteit van Toronto en die… Sterrekundiges het drie supermassiewe gravitasiekolke binne-in een sterrestelsel 4 miljard ligjaar weg ontdek. Dit is uniek omdat daar gewoonlik net een gravitasiekolk in ’n sterrestelsel is. Dié observasie is gemaak onder leiding van dr. Roger Deane van die Universiteit van Kaapstad en SKA-postdoktorale beurshouer. Die werk het pas in die vaktydskrif Nature verskyn. Twee van die… ‘n Nuwe middel teen cholesterol wat maandeliks ingespuit word, werk heeltemal anders as die beskikbare statiene. Evolucumab, waarby die Universiteit van Kaapstad (UK) nou betrokke is, is in ’n gevorderde stadium van kliniese toetse. Dr. Dirk Blom van die UK en Groote Schuur se lipidologie-eenheid, is die hoofnavorser van ’n artikel wat onlangs oor dié middel…
<urn:uuid:e298b9f6-27cb-4255-afe2-c0b627324c3d>
CC-MAIN-2019-30
https://scibraai.co.za/tag/universiteit-van-kaapstad/
2019-07-22T15:10:06Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528037.92/warc/CC-MAIN-20190722133851-20190722155851-00157.warc.gz
by-nc
4.0
a_tag
false
false
{ "abbr": [ "by-nc" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ false ], "location": [ "a_tag" ], "version": [ "4.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99999
false
Bespreking:Thomas Baltzar in Wikipedia, die vrye ensiklopedie Jump to navigation Jump to search Hierdie artikel val onder die wikiprojek Musikale kunstenaars . Vir meer inligting oor hoe om artikels oor musikale kunstenaars te skryf of te verbeter, volg of bespreek die riglyne genoem op bg. skakel. Vir alle bladsye wat tans deur hierdie projek gedek word, sien Kategorie:Wikiprojek Musikale kunstenaars . Om 'n artikel tot hierdie projek te voeg, plaas {{Musikale kunstenaar-artikel}} heel bo-aan die besprekingsbladsy van die betrokke artikel. Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Bespreking:Thomas_Baltzar&oldid=1565074 " Kategorie : Wikiprojek Musikale kunstenaars Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig bron Nuwe onderwerp Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Druk/eksporteer Skep boek Laai af as PDF Drukbare weergawe Gereedskap Skakels hierheen Verwante veranderings Spesiale bladsye Permanente skakel Bladinligting Ander tale Die bladsy is laas op 26 Junie 2017 om 20:15 bygewerk. Die teks is beskikbaar onder die lisensie Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel . Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting. Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:5ed2466b-1943-4260-ad52-6514e508c3e5>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Thomas_Baltzar
2019-07-17T15:20:26Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525312.3/warc/CC-MAIN-20190717141631-20190717163631-00101.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999734
false
Senuweestelsel Senuweestelsel | || Inligting en eksterne bronne | || Die menslike senuweestelsel. | || Inligting | || Latyn | Systema nervosum | | Eksterne bronne | || MeSH | D009420 | | FMA | 7157 | Die senuweestelsel is die deel van ’n dier wat al sy aksies koördineer deur die oordrag van seine na en van verskillende dele van die liggaam. Dié aksies sluit in die beweging van sy spiere en sy sintuiglike prikkels, asook by hoër diersoorte hul emosionele en kognitiewe prosesse. Die senuweestelsel wissel van eenvoudig by die lae diersoorte tot hoogs ingewikkeld by die hoë dieresoorte soos die mens. Senuweefsel het die eerste keer in wurmagtige organismes ontstaan, sowat 550 tot 600 miljoen jaar gelede. By gewerweldes bestaan die senuweestelsel uit twee hoofdele, die sentrale en die perifere senuweestelsel. Eersgenoemde bestaan uit die brein en rugmurg en laasgenoemde hoofsaaklik uit senuwees, kabelagtige bondels aksons, of senuvesels, wat die sentrale senuweestelsel met die res van die liggaam verbind. Senuwees wat seine van die brein af stuur, word motoriese of afvoerende senuwees genoem, terwyl dié wat seine van die liggaam na die sentrale stelsel stuur, sintuig- of toevoerende senuwees heet. Rugmurgsenuwees doen albei en word gemengde senuwees genoem. Die perifere senuweestelsel word verdeel in a) ’n somatiese en b) ’n outonome senuweestelsel en c) die ingewandsenuweestelsel. Somatiese senuwees bemiddel willekeurige beweging. Die outonome senuweestelsel is verder verdeel in die simpatiese en die parasimpatiese senuweestelsel. Die simpatiese stelsel word in tye van nood in werking gestel sodat die liggaam op ’n prikkel kan reageer, terwyl die parasimpatiese stelsel werk wanneer die organisme in ’n ontspanne toestand is. Die ingewandsenuwees beheer die maagdermstelsel. Die outonome en ingewandsenustelsel werk albei onwillekeurig. Senuwees wat uit die kop kom, word die harsingsenuwees genoem en dié wat uit die rugmurg kom die rugmurgsenuwees. Die senuweestelsel word beheer deur ’n spesiale soort sel, die neuron, ook bekend as ’n senuweesel. Neurone is so ontwerp dat hulle seine vinnig en presies na ander selle kan stuur. Die seine word gestuur in die vorm van elektrochemiese golwe wat met aksons langs beweeg; laasgenoemde veroorsaak dat chemiese stowwe, of senuoordraers, afgeskei word by skakelplekke, of sinapse. ’n Sel wat ’n sinapssein van ’n neuron ontvang, kan opgewek, geïnhibeer of op ’n ander manier gemoduleer word. Die verbindings tussen neurone kan senunetwerke vorm wat ’n organisme se waarneming van die wêreld en sy optrede bepaal. Benewens neurone bevat die senuweestelsel ander gespesialiseerde selle, wat gliaselle genoem word; hulle verleen strukturele en metaboliese steun. Senuweestelsels word in die meeste meersellige diere aangetref, maar die ingewikkeldheid daarvan wissel in ’n groot mate.[1] Die enigste meersellige diere wat nie ’n senuweestelsel het nie, is sponsdiertjies, Placozoa en Mesozoa, wat baie eenvoudige liggaamsplanne het. Die senuweestelsel van die radiaal simmetriese organismes ribkwalle en neteldiere (wat seeanemone, korale en jellievisse insluit) bestaan uit ’n verspreide senuweenet. Alle ander dierespesies, buiten ’n paar soorte wurms, het ’n senuweestelsel wat bestaan uit ’n brein, ’n sentrale string of twee en senuwees wat uit die brein en sentrale string uitloop. Die grootte wissel van ’n paar honderd selle in die eenvoudigste wurms tot sowat 300 miljard selle in Afrika-olifante.[2] Die sentrale senuweestelsel stuur seine van een sel na ’n ander, van een deel van die liggaam na ’n ander en om terugvoer te kry. ’n Wanfunksie in die senuweestelsel kan voorkom weens genetiese afwykings, fisieke skade weens trauma of vergifting, infeksies of bloot ’n hoë ouderdom. Op die vakgebied neurologie word ondersoek ingestel na afwykings van die senuweestelsel en gesoek na maniere om dit te behandel of verhoed. In die perifere senuweestelsel is die mees algemene probleem die gebrek aan senuweegeleiding, wat die gevolg van verskeie probleme is soos diabetiese neuropatie en meervoudige sklerose. Neurowetenskap is die wetenskapsterrein wat fokus op die bestudering van die senuweestelsel. Inhoud - 1 Struktuur - 2 Funksie - 3 Ontwikkeling - 4 Patologie - 5 Sien ook - 6 Verwysings - 7 Eksterne skakels Struktuur[wysig | wysig bron] Die senuweestelsel kry sy naam van die woord "senuwees", wat silindriese bondels vesel is wat van die brein en rugmurg af versprei en herhaaldelik vertak na elke deel van die liggaam.[3] Die antieke Egiptenare, Grieke en Romeine het reeds van senuwees geweet,[4] maar die interne struktuur daarvan is nie verstaan totdat die mens dit met ’n mikroskoop kon ondersoek nie.[5] Mense het tot omstreeks 1900 nog nie geweet neurone is die basiese eenhede van die brein nie (uitgevind deur die Spaanse neurowetenskaplike Santiago Ramón y Cajal). Of tot 1930 dat chemiese oordrag in die brein plaasvind nie (Henry Hallett Dale en Otto Loewi). Ons het begin om die basiese elektriese verskynsel wat neurone gebruik om te kommunikeer, die aksiepotensiaal, in die 1950's te verstaan (Alan Lloyd Hodgkin, Andrew Huxley en John Eccles). In die 1960's het ons bewus geraak van hoe basiese neuronnetwerk-kodestimulusse en dus basiese begrippe moontlik is (David H. Hubel en Torsten Wiesel). Die molekulêre revolusie het in die 1980's deur Amerikaanse universiteite getrek. In die 1990's het die molekulêre meganismes van gedragsverskynsels algemeen bekend geraak (Eric Richard Kandel)."[6] ’n Mikroskopiese ondersoek wys senuwees bestaan hoofsaaklik uit aksons en verskillende membrane wat hulle omring en in bondels verdeel. Die neurone wat tot die senuwees aanleiding gee, lê nie geheel en al binne die senuwees self nie – hul selliggame lê in die brein, die rugmurg en perifere senuweeknope.[3] Alle diere wat beter as sponse ontwikkel is, het ’n senuweestelsel. Selfs sponse, eensellige diertjies, het ’n meganisme van sel-tot-selseine wat die voorlopers van neurone is.[7] In radiaal simmetriese diere soos die jellievis bestaan die senuweestelsel uit ’n senuweenet, ’n verspreide netwerk van geïsoleerde selle.[8] In Bilateria, wat die grootste deel van bestaande spesies uitmaak, het die senuweestelsel ’n algemene struktuur wat vroeg in die Ediacarium, meer as 550 miljoen jaar gelede, ontstaan het.[9][10] Selle[wysig | wysig bron] Neurone[wysig | wysig bron] Die senuweestelsel word beheer deur ’n spesiale soort sel, die neuron (ook senuselle genoem).[3] Neurone kan op verskeie maniere van ander selle onderskei word, maar hul mees basiese eienskap is dat hulle met ander selle kommunikeer deur middel van sinapse, wat skakelplekke is met die molekulêre vermoë wat die vinnige stuur van seine moontlik maak, óf elektries óf chemies.[3] Baie soorte neurone het ’n akson, ’n protoplasmiese uitloper wat verafgeleë dele van die liggaam kan bereik en duisende sinaptiese kontakte kan maak.[11] Aksons beweeg dikwels deur die liggaam in bondels wat senuwees genoem word. Selfs in die senuweestelsel van ’n enkele spesie, soos die mens, kan honderde verskillende soorte neurone bestaan, met ’n groot verskeidenheid vorme en funksies.[11] Dit sluit in sintuigsenuwees wat stimulusse soos lig en klank in senuseine omskakel, en motoriese neurone wat senuseine in die aktivering van die spiere of kliere omskakel. In baie spesies neem die meerderheid van neurone egter deel in die vorming van gesentraliseerde strukture (die brein en senuweeknope); hulle ontvang al hul toevoer van ander neurone en stuur hul afvoer na ander neurone.[3] Glia[wysig | wysig bron] Gliaselle (van die Griekse naam vir "gom") is niesenuselle wat steun en voeding verskaf, homeostase handhaaf, miëlien vorm en aan seinsendings in die senuweestelsel deelneem.[12] Daar word geraam die getal glia in die menslike brein is omtrent dieselfde as die getal neurone, hoewel die verhoudings in verskillende dele van die brein verskil.[13] Van die belangrikste funksies van gliaselle is om neurone te ondersteun en hulle in plek te hou; voedingstowwe aan neurone te verskaf; neurone elektries te isoleer; patogene te vernietig, dooie neurone te verwyder en die aksons na hul teikens te lei.[12] ’n Baie belangrike soort glia (oligodendrosiete in die sentrale senuweestelsel en Schwannselle in die perifere senuweestelsel) genereer lae van ’n vetterige stof, miëlien, wat om aksons vou en elektriese isolasie verskaf wat hulle toelaat om aksiepotensiale baie vinniger en doeltreffender te stuur. Anatomie in gewerweldes[wysig | wysig bron] Die sentrale stelsel (SSS) is die grootste en bestaan uit die brein en rugmurg.[14] Die rugmurgkanaal bevat die rugmurg en die harsingsholte die brein. Die stelsel word omring en beskerm deur die meninges, drie vlieslae wat ’n harde, leeragtige buitenste laag, die dura mater, insluit. Die brein word ook deur die skedel beskerm en die rugmurg deur die werwels. Perifere senuweestelsel (PSS) is ’n versamelnaam vir die strukture van die senuweestelsel wat nie in die SSS geleë is nie.[15] Die meerderheid van die aksonbondels, wat senuwees genoem word, word beskou as deel van die PSS, selfs wanneer die selliggaam van die neuron waartoe hulle behoort, in die brein of rugmurg lê. Die perifere senuweestelsel word verdeel in die somatiese en die outonome of ingewandsdeel. Die somatiese deel bestaan uit die senuwees in die vel, gewrigte en spiere. Die selliggaam van somatiese sintuigneurone lê in die dorsale wortelganglia van die rugmurg. Die ingewandsdeel bevat neurone wat die interne organe, bloedvate en kliere besenu. Die ingewandsdeel bestaan self uit twee dele: die simpatiese en parasimpatiese senuweestelsel. Sommige skrywers sluit ook die sintuigneurone waarvan die selliggame in die ledemate lê (vir sintuie soos gevoel) in as deel van die PSS, maar nie almal nie.[16] Gewerweldes se senuweestelsel kan ook verdeel word in streke wat grysstof en witstof genoem word.[17] Grysstof, wat net grys is in gepreserveerde weefsel maar in lewende weefsel eerder pienk of ligbruin is, bevat ’n groot proporsie van selliggame van neurone. Witstof bestaan hoofsaaklik uit gemiëlineerde aksons en kry sy kleur van die miëlien. Dit sluit in al die senuwees en ’n groot deel van die binnekant van die brein en rugmurg. Grysstof word aangetref in bondels van neurone in die brein en rugmurg, en in skorslae op hul oppervlak. Daar is ’n anatomiese konvensie dat ’n bondel neurone in die brein of rugmurg ’n kern genoem word, terwyl dit in die ledemate ’n ganglion is. Daar is egter uitsonderings, veral in die deel van die voorbrein wat die "basale ganglia" genoem word.[18] Vergelykende anatomie en evolusie[wysig | wysig bron] Voorlopers van neurone in sponse[wysig | wysig bron] Sponsdiertjies het geen selle wat deur sinapse aan mekaar verbind is nie, en dus geen neurone en geen senuweestelsel nie. Hulle het egter homoloë van baie gene wat sleutelrolle speel in sinaptiese funksie. Onlangse studies het gewys sponsselle toon ’n groep proteïene wat saambondel om ’n struktuur te vorm wat lyk na ’n postsinaptiese digtheid (die seinontvangende deel van ’n sinaps).[7] Die funksie van hierdie struktuur is egter tans onduidelik. Hoewel sponsselle nie sinaptiese transmissies toon nie, kommunikeer hulle wel met mekaar deur kalsiumgolwe en ander impulse, wat sommige eenvoudige aksies soos liggaamsametrekkings bemiddel.[19] Radiata[wysig | wysig bron] Radiata (radiaal simmetriese diere) soos neteldiere, ribkwalle en verwante diere het verspreide senuweenetwerke eerder as ’n sentrale senuweestelsel. In die meeste neteldiere is die netwerk min of meer egalig deur die liggaam versprei; in ribkwalle is dit naby die mond gekonsentreer. Die senuweenetwerke bestaan uit sintuigneurone, wat chemiese, tas- en visuele seine opvang; motoriese neurone, wat sametrekkings van die liggaamswand kan aktiveer; en intermediêre neurone, wat patrone aktiwiteite in die sintuigneurone bespeur en in antwoord daarop seine stuur na groepe motororiese neurone. In sommige gevalle is groepe intermediêre neurone in diskrete ganglia gebondel.[8] Die ontwikkeling van die senuweestelsel in Radiata is relatief ongestruktureer. Anders as Bilateria (bilateraal simmetriese diere) het Radiata net twee basiese kiemlae, die endoderm en ektoderm. Neurone word gegenereer vanuit ’n spesiale stel ektodermiese voorloperselle, wat ook dien as voorlopers van elke ander ektodermiese seltipe.[20] Bilateria[wysig | wysig bron] Die oorgrote meerderheid bestaande diere is Bilateria, wat beteken hul linker- en regterkant is min of meer spieëlbeelde van mekaar. Alle Bilateria stam vermoedelik af van ’n gemeenskaplike wurmagtige voorsaat wat in die Ediacarium-periode, sowat 550 miljoen tot 600 miljoen jaar gelede, voorgekom het.[9] Die basiese Bilateria-liggaamsvorm is ’n buis met ’n hol ingewandsholte wat van die mond na die anus loop, ’n senuweestring met ’n vergroting ("ganglion") vir elke liggaamsegment en ’n ekstragroot ganglion aan die voorkant, die "brein". Selfs soogdiere, insluitende die mens, toon die gesegmenteerde bilaterale liggaamsplan op die vlak van die senuweestelsel. Die rugmurg bevat ’n reeks gesegmenteerde ganglia, wat elk aanleiding gee tot motoriese en sintuigsenuwees wat ’n deel van die liggaamsoppervlak en onderliggende spierstelsel besenu. In die ledemate is die uitleg van die besenu-patroon ingewikkeld, maar in die romp gee dit aanleiding tot ’n reeks nou bande. Die topdriesegmente behoort tot die brein en gee aanleiding tot die voor-, middel- en agterbrein.[21] Bilateria kan, geskoei op gebeure baie vroeg in embrio-ontwikkeling, in twee superfilums verdeel word: Protostomia en Deuterostomia.[22] Laasgenoemde sluit in gewerweldes sowel as stekelhuidiges, Hemichordata en Xenoturbellida.[23] Protostomia, die meer uiteenlopende groep, sluit in geleedpotiges, weekdiere en verskeie ander soorte wurms. Daar is ’n basiese verskil tusen die twee groepe in die plasing van die senuweestelsel in die liggaam: Protostomia het ’n senuweestring in die ventrale (gewoonlik onderste) kant van die liggaam, terwyl die senuweestring by Deuterostomia in die dorsale (gewoonlik boonste) kant lê. Verskeie aspekte van die liggaam is eintlik omgekeerd in die twee groepe, insluitend die uitdrukkingspatrone van verskeie gene wat dorsaal-na-ventraal-gradiënte toon. Die meeste anatome glo nou die liggaam van die twee groepe is teenoorgesteldes van mekaar, ’n hipotese wat die eerste keer deur Geoffroy Saint-Hilaire voorgestel is vir insekte in vergelyking met gewerweldes.[24] Wurms[wysig | wysig bron] Wurms is die eenvoudigste bilateraal simmetriese diere en toon ’n basiese struktuur van die bilaterale senuweestelsel. Erdwurms het byvoorbeeld ’n dubbele senuweestring wat met hul hele lyf langs loop en by die stert en mond byeenkom. Dié senuweestringe is oor die dwarste verbind deur senuwees, soos die trappies van ’n leer. Die dwarsgeleë senuwees help die twee kante van die dier koördineer. Twee ganglia aan die kopkant werk soos ’n eenvoudige brein. Eenvoudige oë verskaf inligting oor lig en donkerte.[25] Geleedpotiges[wysig | wysig bron] Geleedpotiges soos insekte en skaaldiere se senuweestelsel bestaan uit ’n reeks ganglia, wat deur ’n ventrale senuweestring verbind word; dié bestaan uit twee parallelle dele wat met die lengte van die abdomen langs loop.[26] Elke liggaamsegment het ’n ganglion aan elke kant, maar sommige ganglia is saamgesmelt om die brein en ander groot ganglia te vorm. Die kopsegment bevat die brein. Die brein is verdeel in drie dele. Net daaragter lê die benedeslukderm-ganglion, wat uit drie pare saamgesmelte ganglia bestaan. Dit beheer die monddele, speekselkliere en sekere spiere. Baie geleedpotiges het goed ontwikkelde sintuigorgane, insluitend saamgestelde oë vir sig en antennes vir reuk en feromoonsensasie. Die inligting van hierdie organe af word deur die brein verwerk. Baie neurone by insekte het selligame wat aan die kant van die brein geleë en elektries passief is – hulle verskaf net metaboliese steun en stuur nie seine nie. ’n Protoplasmiese vesel loop uit die selliggaam en vertak; sekere dele stuur seine en ander ontvang dit. Die meeste dele van die insektebrein het dus passiewe selliggame wat om die buitekant gerangskik is, terwyl die senuseinverwerking in die agterkant plaasvind in ’n netwerk protoplasmiese vesels wat senupole genoem word.[27] Funksie[wysig | wysig bron] Op die mees basiese vlak is die funksie van die senuweestelsel om seine van een sel na ’n ander te stuur, of van een deel van die liggaam na ’n ander. Daar is talle maniere waarop ’n sel seine na ander selle kan stuur. Een is deur chemiese stowwe, genaamd hormone, na die interne sirkulasie te stuur sodat hulle na verafgeleë plekke kan versprei. In teenstelling met hierdie "uitsaaimodus" van seine, maak die senuweestelsel punt-tot-punt-seine moontlik – neurone projekteer hul aksons na spesifieke teikengebiede en maak sinaptiese verbindings met spesifieke teikenselle.[28] Op ’n meer integrerende vlak is die hooffunksie van die senuweestelsel om die liggaam te beheer.[3] Dit word gedoen deur die verkryging van inligting uit die omgewing deur middel van sintuigreseptors, die stuur van seine wat hierdie inligting in die sentrale senuweestelsel enkodeer, die verwerking van die inligting om ’n geskikte reaksie te bepaal en die stuur van seine na spiere of kliere om die gewenste reaksie te aktiveer. Die evolusie van ’n ingewikkelde senuweestelsel het dit vir verskeie dierespesies moontlik gemaak om gevorderde waarnemingsvermoëns soos sig, komplekse sosiale interaksies, die vinnige koördinasie van orgaanstelsels en die geïntegreerde verwerking van gelyktydige seine te hê. By mense stel die sofistikasie van die senuweestelsel taal, die abstrakte voorstelling van begrippe, die uitruiling van kultuur en baie ander eienskappe van menslike gemeenskappe daar wat nie sonder die menslike brein moontlik sou gewees het nie. Neurone en sinapse[wysig | wysig bron] Die meeste neurone stuur seine deur hul aksons, hoewel sommige soorte seine van dendriet tot dendriet stuur. Sommige selle het nie aksons nie en kommunikeer slegs deur hul dendriete. Senuweeseine plant deur ’n akson voort in die vorm van elektrochemiese golwe wat aksiepotensiale genoem word; hulle produseer sel-tot-selseine by punte waar aksonterminale sinaptiese kontak met ander selle maak.[29] Sinapse kan elektries of chemies wees. Elektriese sinapse maak direkte elektriese konneksies tussen neurone,[30] maar chemiese sinapse is baie meer algemeen en baie meer uiteenlopend wat funksie betref.[31] By ’n chemiese sinaps word die sel wat seine stuur presinapties genoem, en die sel wat seine ontvang postsinapties. Beide die presinaptiese en postsinaptiese gebiede is vol molekulêre masjinerie wat die seinproses uitvoer. Die presinaptiese area bevat groot hoeveelhede klein sferiese houers wat sinapsblasies genoem word; hulle is vol senuoordragschemikalieë.[29] Wanneer die presinaptiese terminaal elektries gestimuleer word, word ’n reeks molekules wat in die membraan lê, geaktiveer en veroorsaak dat die inhoud van die blasie vrygestel word in die smal spasie tussen die presinaptiese en postsinaptiese membraan, wat die sinaptiese spleet genoem word. Die senuoordraer verbind dan met reseptore in die postsinaptiese membraan en veroorsaak dat hulle ’n geaktiveerde toestand binnegaan.[31] Na gelang van die soort reseptor, kan die postsinaptiese sel opgewek, geïnhibeer of op baie ander maniere verander word. Die vrystelling van die senuoordraer asetielcholien by ’n sinaptiese kontak tussen ’n motoriese neuron en ’n spiersel veroorsaak byvoorbeeld die vinnige sametrekking van die spiersel.[32] Die hele sinaptiese oordragsproses neem net ’n breukdeel van ’n millisekonde, hoewel die uitwerking op die postsinaptiese sel baie langer kan duur (selfs oneindig lank in gevalle waar die sinaptiese sein lei tot die vorming van ’n geheuespoor).[11] Daar is letterlik honderde verskillende soorte sinapse. Eintlik is daar meer as honderd bekende senuoordraers, en baie van hulle het verskeie soorte reseptore.[33] Baie sinapse gebruik meer as een senuoordraer – dit is algemeen dat ’n sinaps een vinnigwerkende kleinmolekule-senuoordraer kan gebruik, soos glutaminesuur of gamma-aminobottersuur, asook een of meer peptied-senuoordraers wat stadiger moduleringsrolle speel. Volgens ’n reël bekend as die beginsel van Dale, wat slegs ’n paar bekende uitsonderings het, stel ’n neuron dieselfde senuoordaers vry by al sy sinapse.[34] Dit beteken nie die neuron het dieselfde uitwerking op al sy teikens nie – die uitwerking van ’n sinaps hang nie van die senuoordraer af nie, maar van die reseptore wat dit aktiveer.[31] Omdat verskillende teikens verskillende soorte reseptore kan gebruik (en dit dikwels doen), is dit moontlik dat ’n neuron ’n opwekkende uitwerking op een stel teikenselle kan hê, ’n inhiberende uitwerking op ’n tweede stel en ’n komplekse modulerende uitwerking op ’n derde stel. Nietemin het die twee mees algemene senuoordraers, glutaminesuur en gamma-aminobottersuur, albei ’n baie konsekwente uitwerking. Glutaminesuur het verskeie wyd voorkomende soorte reseptore, maar hulle is almal opwekkend of modulerend. Net so het gamma-aminobottersuur verskeie wyd voorkomende reseptortipes, maar hulle is almal inhiberend. Een baie belangrike subgroep sinapse kan geheuespore vorm deur middel van langdurige aktiwiteitsafhanklike veranderings in sinaptiese sterkte.[35] Die bekendste vorm van neurale geheue is ’n proses wat langtermynversterking genoem word; dit werk by sinapse wat die senuoordraer glutaminesuur gebruik wat werk op ’n spesiale soort reseptor bekend as ’n NMDA-reseptor.[36] Dié reseptor het ’n "assosiatiewe" eienskap: as die twee selle wat in die sinaps betrokke is albei op min of meer dieselfde tyd geaktiveer word, open ’n kanaal wat kalsium toelaat om in die teikensel te vloei.[37] Die kalsium begin ’n tweede boodskapstroom wat eindelik lei tot ’n toename in die getal glutaminesuurreseptore in die teikensel. Daardeur word die effektiewe sterkte van die sinaps verhoog. Hierdie verandering in sterkte kan weke of langer duur. Sedert die ontdekking van langtermynversterking in 1973, is baie ander soorte sinaptiese geheuespore ontdek wat ’n toe- of afname in sinaptiese sterkte behels en wat ’n verskeidenheid tydperke duur.[36] Die beloningstelsel, wat gewenste gedrag aanmoedig, is byvoorbeeld afhanklik van ’n vorm van langtermynversterking waar dopamien as senuoordraer gebruik word.[38] Al hierdie vorme van sinaptiese modifieerbaarheid gee gesamentlik aanleiding tot neurale vormbaarheid, of die vermoë van die senuweestelsel om by veranderings in die omgewing aan te pas. Senukringlope en stelsels[wysig | wysig bron] Die funksie van die senuweestelsel is histories baie jare lank beskou as ’n stimulus-reaksie-verbinding.[39] Volgens dié beskouing begin neurale prosessering met stimulusse wat sensoriese neurone aktiveer en seine vervaardig wat deur kettings verbindings in die rugmurg en brein voortplant; dit lei eindelik tot die aktivering van motororiese neurone en daardeur tot spiersametrekking. René Descartes het geglo elke gedrag van ’n dier en die meeste optredes van mense kan verduidelik word aan die hand van stimulus-reaksie-kringlope. Hy het egter ook geglo hoër kognitiewe funksies soos taal kan nie meganisties verduidelik word nie.[40] Charles Sherrington het in sy invloedryke boek van 1906, The Integrative Action of the Nervous System,[39] die begrip van stimulus-reaksie-meganismes in veel groter besonderhede ontwikkel, en behaviorisme, die denkskool wat die psigologie deur die middel van die 20ste eeu oorheers het, het elke aspek van menslike gedrag in stimulus-reaksie-terme probeer verduidelik.[41] Studies in elektrofisiologie wat vroeg in die 20ste eeu begin is en teen die 1940's ’n hoogtepunt bereik het, het getoon die senuweestelsel bevat baie meganismes wat self patrone aktiwiteit genereer, sonder ’n stimulus van buite.[42] Daar is bevind neurone is in staat om gereelde reekse aksiepotensiale, of reekse uitbarstings, te produseer – selfs in algehele isolasie.[43] Wanneer intrinsiek aktiewe neurone in ingewikkelde kringlope aan mekaar verbind word, word die moontlikhede vir die generering van ingewikkelde temporale patrone baie groter.[44] Volgens ’n moderne opvatting word die funksie van die senuweestelsel deels beskou in terme van stimulus-reaksie-kettings, en gedeeltelik in terme van intrinsiek gegenereerde aktiwiteitspatrone – albei soorte aktiwiteite tree in wisselwerking met mekaar om die volle repertoire van gedrag te genereer.[45] Reflekse en ander stimulus-reaksie-kringlope[wysig | wysig bron] Die eenvoudigste soort senukringloop is ’n refleksboog; dit begin met ’n sensoriese toevoer en eindig met ’n motoriese afvoer, en gaan deur ’n reeks neurone wat verbind is.[46] Dit kan geïllustreer word deur die "wegrukrefleks", wat veroorsaak dat ’n hand weggeruk word nadat dit aan ’n warm stoof geraak het. Die kringloop begin met sensoriese reseptore in die vel wat geaktiveer word deur ’n skadelike hittevlak: ’n Spesiale soort molekulêre struktuur in die membraan veroorsaak dat hitte die elektriese veld oor die membraan verander. As die verandering in elektriese potensiaal groot genoeg is om die gegewe grens oor te steek, ontlok dit ’n aksiepotensiaal, wat deur die akson van die reseptorsel tot in die rugmurg gestuur word. Daar maak die akson eksitatoriese (opwekkende) sinaptiese kontakte met ander selle, waarvan sommige projekteer (aksonale afvoer stuur) na dieselfde streek van die rugmurg. Ander projekteer na die brein. Een teiken is ’n stel rugmurg-interneurone wat projekteer na motoriese neurone wat die armspiere beheer. Die interneurone wek die motoriese neurone op en as die opwekking sterk genoeg is, genereer sommige van die motoriese neurone aksiepotensiale, wat met hul aksons af beweeg na die punt waar hulle eksitatoriese sinaptiese kontakte met spierselle maak. Die eksitatoriese seine veroorsaak ’n sametrekking van die spierselle, en die arm word weggeruk. In werklikheid kan daar verskeie komplikasies in hierdie eenvoudige voorstelling wees.[46] Hoewel daar vir die eenvoudigste reflekse kort neurale paaie is van die sensoriese na die motoriese neurone, is daar ook ander nabygeleë neurone wat aan die kringloop deelneem en die reaksie moduleer. Verder is daar projeksies van die brein na die rugmurg wat die vermoë het om die refleks te vergroot of verklein. Hoewel die eenvoudigste reflekse bemiddel kan word deur kringlope wat heeltemal binne die rugmurg lê, is meer ingewikkelde reaksies afhanklik van seinprosessering in die brein.[47] ’n Voorbeeld is wanneer iets aan die buitekant van ’n mens se visuele veld beweeg en die mens daarheen kyk. Baie stadiums van seinprosessering word dan geïnisieer. Die aanvanklike sensoriese reaksie, in die retina van die oog, en die finale motoriese reaksie, in die breinstam, is glad nie soveel anders as dié in die eenvoudige refleks nie, maar die tussenstadiums verskil heeltemal. In plaas van een of twee stappe in die ketting van prosessering, beweeg die visuele seine deur miskien tientalle stadiums van integrasie, waarin die talamus, harsingskors, basale ganglia, superieure colliculus, kleinharsings en verskeie breinstamkerns betrek word. Hierdie streke voer seinprosesseringsfunksies uit wat insluit omgewingswaarneming, die ontleding van die waarneming, geheueherroeping, besluitneming en motoriese beplanning.[48] Omgewingswaarneming is die vermoë om biologies relevante inligting uit ’n kombinasie van sensoriese seine te onttrek.[49] Wat die sigsintuig betref, is sensoriese reseptore in die retina van die oog byvoorbeeld individueel net in staat om "ligpunte" in die buitewêreld waar te neem.[50] Tweedevlak-signeurone ontvang toevoer van groepe primêre reseptore; hoërvlak-neurone ontvang toevoer van groepe tweedevlak-neurone, ens. So vorm hulle ’n hiërargie van prosesseringstadiums. In elke stadium word belangrike inligting uit die sein-ensemble onttrek en onbelangrike inligting verwerp. Teen die einde van die proses is toevoerseine wat "ligpunte" verteenwoordig, omgeskakel in ’n neurale voorstelling van voorwerpe in die omgewing en hul eienskappe. Die mees gesofistikeerde sensoriese prosessering vind in die brein plaas, maar ingewikkelde inligtingsonttrekking vind ook in die rugmurg en in buite- sensoriese organe soos die retina plaas. Intrinsieke patroonopwekking[wysig | wysig bron] Hoewel stimulus-reaksie-meganismes die maklikste is om te verstaan, kan die senuweestelsel ook die liggaam op maniere beheer wat nie ’n eksterne stimulus verg nie, deur middel van intern opgewekte ritmes van aktiwiteit. Vanweë die verskeidenheid spanningsensitiewe ioonkanale wat in die membraan van die neuron kan voorkom, is baie soorte neurone in staat om (selfs as hulle in isolasie voorkom) ritmiese reekse aksiepotensiale te genereer, of ritmiese wisselings tussen hoëtempo-uitbarstings en rus. Wanneer neurone wat intrinsiek ritmies is, deur eksitatoriese of inhiberende sinapse aan mekaar verbind is, is die gevolglike netwerke in staat tot ’n uiteenlopende getal dinamiese gedragswyses, insluitende aantrekkingsdinamika, periodisiteit en selfs chaos. ’n Netwerk neurone wat sy interne struktuur gebruik om tydelik gestruktureerde afvoer te genereer, sonder dat dit ’n ooreenstemmende tydelik gestruktureerde stimulus vereis, word ’n sentrale patroonopwekker genoem. Interne patroonopwekking werk op ’n groot verskeidenheid tydskale, van millisekondes tot ure of langer. Een van die belangrikste soorte slaappatrone is sirkadiese ritme – betreffende biologiese prosesse wat al om die 24 uur plaasvind. Alle diere wat bestudeer is, toon sirkadiese wisselings in neurale aktiwiteit, wat gedrag soos die slaap-wakker-siklus beheer. Eksperimentele studies van die 1990's af wys sirkadiese ritme word opgewek deur ’n "genetiese klok" wat bestaan uit ’n spesiale stel gene waarvan die uitdrukkingsvlak deur die loop van die dag styg en daal. Diere so uiteenlopend soos insekte en gewerweldes deel ’n soortgelyke genetiese ritmieseklokstelsel. Die klok word deur lig beïnvloed, maar hou aan werk al word ligvlakke konstant gehou en al is daar geen ander eksterne aanduidings oor watter tyd van die dag dit is nie. Die klokgene vind uitdrukking in baie dele van die senuweestelsel sowel as baie perifere organe, maar in soogdiere word al hierdie "weefselklokke" gesinkroniseer gehou deur seine wat uitgestuur word deur die meestertydhouer in ’n klein deel van die brein bekend as die suprachiasmatiese kern. Ontwikkeling[wysig | wysig bron] In gewerweldes sluit belangrike oomblikke in die neurale ontwikkeling van die embrio die volgende in: die ontstaan en differensiasie van neurone uit stamselvoorlopers, die migrasie van onvolgroeide neurone van hul ontstaanplek in die embrio na hul finale posisie, die uitgroei van aksons uit neurone en die geleiding van die beweeglike groeikeël deur die embrio na postsinaptiese vennote, die voortbrenging van sinapse tussen hierdie aksons en hul postsinaptiese vennote, en eindelik die lewenslange verandering in sinapse wat vermoedelik ten grondslag lê van leer en geheue.[51] Alle diere van Bilateria vorm vroeg in hul ontwikkeling ’n gastrula, wat gepolariseer is; die een kant word die dierpool genoem en die ander kant die plantpool. Die gastrula het die vorm van ’n skyf met drie lae selle: ’n binneste laag wat die endoderm genoem word en wat aanleiding gee tot die voering van die meeste interne organe, ’n middelste laag, die mesoderm, wat aanleiding gee tot die bene en spiere, en ’n buitenste laag, die ektoderm, wat aanleiding gee tot die vel en senuweestelsel.[52] In gewerweldes is die eerste teken van die senuweestelsel die verskyning van ’n dun strook selle al langs die middel van die rug wat die senuplaat genoem word. Die binneste deel van die senuplaat (met die middellyn langs) sal eindelik die sentrale senuweestelsel (SSS) word en die buitenste deel die perifere senuweestelsel (PSS). Namate die ontwikkeling vorder, verskyn ’n vou (die senugleuf) langs die middellyn. Dié vou verdiep en die bokant groei toe. In dié stadium verskyn die toekomstige SSS as ’n silindriese struktuur wat die senubuis genoem word, terwyl die toekomstige PSS verskyn as twee stroke weefsel bekend as die senulys; dit loop in die lengte bo die senubuis. Die stadiums van senuplaat tot senubuis en senulys is bekend as neurulasie. Die aard van die induksieproses was onbekend totdat dit eindelik in die 1990's met ’n genetiese benadering opgelos is. Die induksie van die senuweefsel vereis die inhibering van die geen vir ’n sogenaamde beenmorfogenetiese proteïen, of BMP. Veral die proteïen BMP4 is blykbaar betrokke. Twee proteïene wat albei deur die mesoderm afgeskei word, kan BMP4 inhibeer en daardeur die ektoderm induseer om in senuweefsel om te sit. Dit lyk of dieselfde soort molekulêre meganisme betrokke is by baie uiteenlopende soorte diere, van geleedpotiges tot gewerweldes. Die induksie van senuweefsel lei tot die vorming van voorlopersenuselle, genaamd neuroblaste.[53] Van daar af verdeel selle om óf neurone óf gliaselle te vorm. Patologie[wysig | wysig bron] Die sentrale senuweestelsel word beskerm deur groot fisieke en chemiese versperrings. Fisiek word die brein en rugmurg omring deur taai membrane en die bene van die skedel en rugwerwels, wat saam ’n sterk fisieke skild vorm. Chemies word die brein en rugmurg geïsoleer deur die sogenaamde bloed-brein-versperring, wat die meeste soorte chemiese stowwe verhoed om uit die bloedstroom na die binnekant van die SSS te beweeg. Hierdie beskerming maak die SSS in baie opsigte minder kwesbaar as die PSS; aan die ander kant het skade aan die SSS ernstiger gevolge. Hoewel senuwees gewoonlik diep onder die vel lê, buiten met uitsonderings soos die elmboogsenuwee, is hulle steeds redelik blootgestel aan fisieke skade, wat pyn en ’n verlies aan sensasie of spierbeheer tot gevolg kan hê. Skade aan senuwees kan ook deur swelling en kneusings veroorsaak word op plekke waar ’n senuwee deur ’n nou, benerige kanaal loop, soos in karpale tonnelsindroom. As ’n senuwee heeltemal deurgesny word, sal dit dikwels degenereer, maar vir lang senuwees sal dit maande duur voor die proses afgehandel is. Benewens fisieke skade, kan perifere neuropatie veroorsaak word deur baie ander mediese probleme, onder meer genetiese toestande, metaboliese toestande soos diabetes, inflammatoriese toestande soos Guillain-Barré-sindroom, ’n vitamientekort, siektes soos melaatsheid en gordelroos, of vergiftiging deur stowwe soos swaarmetale. Baie gevalle het geen bekende oorsake nie en word "idiopaties" genoem. Senuwees kan ook tydelik hul funksie verloor, wat ’n styfheid veroorsaak. Dit word veral veroorsaak deur meganiese druk, ’n daling in temperatuur of chemiese wisselwerkings met sekere medikasie vir plaaslike verdowing. Fisieke skade aan die rugmurg kan lei tot verlamming, wat permanent kan wees. Eksperimentele studies het getoon rugsenuvesels probeer teruggroei op dieselfde manier as ander senuvesels, maar in die rugmurg lei die vernietiging van weefsel gewoonlik tot die vervaardiging van letselweefsel waardeur die teruggroeiende senuwees nie kan dring nie. Sien ook[wysig | wysig bron] Verwysings[wysig | wysig bron] - "Nervous System". Columbia Encyclopedia. Columbia University Press. - (2014) “The elephant brain in numbers”. Front Neuroanat 8: 46. doi:10.3389/fnana.2014.00046. - Kandel E.R., Schwartz J.H., Jessel T.M., reds. (2000). "Ch. 2: Nerve cells and behavior". Principles of Neural Science. McGraw-Hill Professional. ISBN 978-0-8385-7701-1. - Finger S (2001). "Ch. 1: The brain in antiquity". Origins of neuroscience: a history of explorations into brain function. Oxford Univ. Press. ISBN 978-0-19-514694-3. - Finger, pp. 43–50 - Nikoletseas Michael M. (2010) Behavioral and Neural Plasticity. ISBN 978-1453789452 - (2007) “A post-synaptic scaffold at the origin of the animal kingdom”. PLoS ONE 2 (6): e506. doi:10.1371/journal.pone.0000506. - Ruppert E, Fox R, Barnes R (2004). Invertebrate Zoology (7 uitg.). Brooks / Cole. pp. 111–124. ISBN 0-03-025982-7. Vancouver style error: punctuation (help) - Balavoine G (2003). “The segmented Urbilateria: A testable scenario”. Int Comp Biology 43 (1): 137–47. doi:10.1093/icb/43.1.137. - Ortega-Hernandez, Javier (29 Februarie 2016), Our 500 million-year-old nervous system fossil shines a light on animal evolution, The Conversation US, Inc., https://theconversation.com/our-500-million-year-old-nervous-system-fossil-shines-a-light-on-animal-evolution-55460, besoek op 6 Mar 2016 - Kandel E.R., Schwartz J.H., Jessel T.M., reds. (2000). "hoofst. 4: The cytology of neurons". Principles of Neural Science. McGraw-Hill Professional. ISBN 978-0-8385-7701-1. - (2009) “Neuroscience: Glia - more than just brain glue”. Nature 457 (7230): 675–7. doi:10.1038/457675a. - (2009) “Equal numbers of neuronal and nonneuronal cells make the human brain an isometrically scaled-up primate brain”. J. Comp. Neurol. 513 (5): 532–41. doi:10.1002/cne.21974. - Kandel ER, Schwartz JH, Jessel TM, reds. (2000). "Ch. 17: The anatomical organization of the central nervous system". Principles of Neural Science. McGraw-Hill Professional. ISBN 978-0-8385-7701-1. - Standring, Susan (hoofredakteur) (2005). Gray's Anatomy (39ste uitg.). Elsevier Churchill Livingstone. pp. 233–234. ISBN 978-0-443-07168-3. - Hubbard JI (1974). The peripheral nervous system. Plenum Press. p. vii. ISBN 978-0-306-30764-5. - Purves D, Augustine GJ, Fitzpatrick D, Hall WC, LaMantia AS, McNamara JO, White LE (2008). Neuroscience. 4de uitg. Sinauer Associates. pp. 15–16. - Afifi AK (Julie 1994). “Basal ganglia: functional anatomy and physiology. Part 1”. J. Child Neurol. 9 (3): 249–60. doi:10.1177/088307389400900306. - (2007) “Evolution of sensory structures in basal metazoa”. Integr Comp Biol 47 (5): 712–723. doi:10.1093/icb/icm094. - Sanes DH, Reh TA, Harris WA (2006). Development of the nervous system. Academic Press. pp. 3–4. ISBN 978-0-12-618621-5. - Ghysen A (2003). “The origin and evolution of the nervous system”. Int. J. Dev. Biol. 47 (7–8): 555–62. - (Julie 2002) “The last common bilaterian ancestor”. Development 129 (13): 3021–32. - (November 2006) “Deuterostome phylogeny reveals monophyletic chordates and the new phylum Xenoturbellida”. Nature 444 (7115): 85–8. doi:10.1038/nature05241. - (Mei 2005) “Insights into the urbilaterian brain: conserved genetic patterning mechanisms in insect and vertebrate brain development”. Heredity 94 (5): 465–77. doi:10.1038/sj.hdy.6800664. - ADEY WR (Februarie 1951). “The nervous system of the earthworm Megascolex”. J. Comp. Neurol. 94 (1): 57–103. doi:10.1002/cne.900940104. - Chapman RF (1998). "Ch. 20: Nervous system". The insects: structure and function. Cambridge University Press. pp. 533–568. ISBN 978-0-521-57890-5. - Chapman, p. 546 - Gray PO (2006). Psychology (5 uitg.). Macmillan. p. 170. ISBN 978-0-7167-7690-1. - Kandel ER, Schwartz JH, Jessel TM, reds. (2000). "Ch. 9: Propagated signaling: the action potential". Principles of Neural Science. McGraw-Hill Professional. ISBN 978-0-8385-7701-1. - (2004) “Electrical synapses: a dynamic signaling system that shapes the activity of neuronal networks”. Biochim. Biophys. Acta 1662 (1–2): 113–37. doi:10.1016/j.bbamem.2003.10.023. - Kandel ER, Schwartz JH, Jessel TM, reds. (2000). "Ch. 10: Overview of synaptic transmission". Principles of Neural Science. McGraw-Hill Professional. ISBN 978-0-8385-7701-1. - Kandel ER, Schwartz JH, Jessel TM, reds. (2000). "Ch. 11: Signaling at the nerve-muscle synapse". Principles of Neural Science. McGraw-Hill Professional. ISBN 978-0-8385-7701-1. - Kandel ER, Schwartz JH, Jessel TM, reds. (2000). "Ch. 15: Neurotransmitters". Principles of Neural Science. McGraw-Hill Professional. ISBN 978-0-8385-7701-1. - (1999) “Dale's principle”. Brain Res. Bull. 50 (5–6): 349–50. doi:10.1016/S0361-9230(99)00100-8. - Paradiso MA, Bear MF, Connors BW (2007). Neuroscience: Exploring the Brain. Lippincott Williams & Wilkins. p. 718. ISBN 0-7817-6003-8. - (2006) “Plasticity in the human central nervous system”. Brain 129 (Pt 7): 1659–73. doi:10.1093/brain/awl082. - (Januarie 1993) “A synaptic model of memory: long-term potentiation in the hippocampus”. Nature 361 (6407): 31–9. doi:10.1038/361031a0. - (November 2007) “Synaptic plasticity and addiction”. Nat. Rev. Neurosci. 8 (11): 844–58. doi:10.1038/nrn2234. - Sherrington CS (1906). The Integrative Action of the Nervous System. Scribner. - Descartes R (1989). Passions of the Soul. Voss S. Hackett. ISBN 978-0-87220-035-7. - Baum WM (2005). Understanding behaviorism: Behavior, Culture and Evolution. Blackwell. ISBN 978-1-4051-1262-8. - Piccolino M (November 2002). “Fifty years of the Hodgkin-Huxley era”. Trends Neurosci. 25 (11): 552–3. doi:10.1016/S0166-2236(02)02276-2. - Johnston D, Wu SM (1995). Foundations of cellular neurophysiology. MIT Press. ISBN 978-0-262-10053-3. - Dayan P, Abbott LF (2005). Theoretical Neuroscience: Computational and Mathematical Modeling of Neural Systems. MIT Press. ISBN 978-0-262-54185-5. - Simmons PJ, Young D (1999). "Ch 1.: Introduction". Nerve cells and animal behaviour. Cambridge Univ. Press. ISBN 978-0-521-62726-9. - Kandel ER, Schwartz JH, Jessel TM, reds. (2000). "Ch. 36: Spinal reflexes". Principles of Neural Science. McGraw-Hill Professional. ISBN 978-0-8385-7701-1. - Kandel ER, Schwartz JH, Jessel TM, reds. (2000). "Ch. 38: Voluntary movement". Principles of Neural Science. McGraw-Hill Professional. ISBN 978-0-8385-7701-1. - Kandel ER, Schwartz JH, Jessel TM, reds. (2000). "Ch. 39: The control of gaze". Principles of Neural Science. McGraw-Hill Professional. ISBN 978-0-8385-7701-1. - Kandel ER, Schwartz JH, Jessel TM, reds. (2000). "Ch. 21: Coding of sensory information". Principles of Neural Science. McGraw-Hill Professional. ISBN 978-0-8385-7701-1. - Kandel ER, Schwartz JH, Jessel TM, reds. (2000). "Ch. 25: Constructing the visual image". Principles of Neural Science. McGraw-Hill Professional. ISBN 978-0-8385-7701-1. - Kandel ER, Schwartz JH, Jessel TM, reds. (2000). "Ch. 52: The induction and patterning of the nervous system". Principles of Neural Science. McGraw-Hill Professional. ISBN 978-0-8385-7701-1. - Sanes DH, Reh TH, Harris WA (2006). "Ch. 1, Neural induction". Development of the Nervous System. Elsevier Academic Press. ISBN 978-0-12-618621-5. - Kandel ER, Schwartz JH, Jessel TM, reds. (2000). "Ch. 53: The formation and survival of nerve cells". Principles of Neural Science. McGraw-Hill Professional. ISBN 978-0-8385-7701-1. - "ACGME Program Requiremeg" (PDF). Besoek op 10 Januarie 2017.
<urn:uuid:56e440fd-41c5-4c83-8239-0b9a17d023c0>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Senustelsel
2019-07-17T15:21:42Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525312.3/warc/CC-MAIN-20190717141631-20190717163631-00101.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999886
false
befok Jump to navigation Jump to search Taalwaarskuwing Die inskrywing bevat swak of andersins onsmaaklike taal. Maak asb. seker dat u internetfilter dit blokkeer. | Inhoud Tydvorm | Persoon | Woordvorm | ---|---|---| Teenwoordige Tyd | ek | befok | Verlede Tyd | ek | het befok | - be•fok - (pejoratief) Kragwoord, sterker as bedonder(d) en beduiwel(d). - Hulle het jou befok. - bedonder, verkul, befoeter, beduiwel, ingeloop, mislei, bedrieg, geflous, uitoorlê, ore aangesit, om die bos gelei, 'n knop gesteek, oogklappe aangesit, 'n rat voor die oë gedraai, gefop, koudgelei. Byvoeglike naamwoord | ---| befok | - (pejoratief) Kragwoord, sterker as bedonder(d) en beduiwel(d). - 1. Is jy nou befok (in jou kop)? - bedonderd, bossies, gek, mal, van jou sinne beroof, van lotjie getik, dwaas. - 2. Moenie my nou befok maak nie! Ek is befok vir jou! - die donder in, bedonderd, die bliksem in, die hel in, die josie in, woedend, befoeterd, siedend, briesend, boos, smoorkwaad. - 3. Dié kar is befok, jô! - moerse, kwaai, fantasties, verruklik, briljant, uitstekend, uitmuntend, voortreflik. - 4. Pasop, die slang is befok. - aggressief. Tussenwerpsel | ---| befok | - (pejoratief) Kragwoord, sterker as bedonder(d) en beduiwel(d). - Befok! - moerse!, kwaai!, fan(fokken)tasties!, gaaf!, goed so!, hoog tyd!, cool!, verruklik!, briljant!, uitstekend!, uitmuntend!, voortreflik!, subliem! Bywoord | ---| befok | - (pejoratief) Kragwoord, sterker as bedonder(d) en beduiwel(d). - Hy is befok vinnig hierlangs verby. – donders vinnig, fokken vinnig, met 'n moerse spoed, so vinnig soos blits, blitsvinnig, geweldig vinnig, verskriklik vinnig. - Die drank is befok sterk. - moer sterk, fokken sterk, donders sterk, erg sterk.
<urn:uuid:4be6ab93-087b-4da5-85b7-68c221fb75ad>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wiktionary.org/wiki/befok
2019-07-18T19:24:45Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525793.19/warc/CC-MAIN-20190718190635-20190718212635-00261.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99881
false
Hulp Bladsye wat na "Lys van pouse" skakel ← Lys van pouse Jump to navigation Jump to search Skakels hierheen Bladsy: Naamruimte: alle (Hoof) Bespreking Gebruiker Gebruikerbespreking Wikipedia Wikipediabespreking Lêer Lêerbespreking MediaWiki MediaWikibespreking Sjabloon Sjabloonbespreking Hulp Hulpbespreking Kategorie Kategoriebespreking Portaal Portaalbespreking Module Module talk Gadget Gadget talk Gadget definition Gadget definition talk Omgekeerde seleksie Filters Versteek insluitings | Versteek skakels | Versteek aansture Die volgende bladsye skakel na Lys van pouse : Wys (vorige 50 | volgende 50 ) ( 20 50 100 250 500 ). Pous Gregorius XIII ( ← skakels wysig ) Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/28 Mei ( ← skakels wysig ) Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/Mei ( ← skakels wysig ) Pous ( ← skakels wysig ) Pous Benedictus XVI ( ← skakels wysig ) Pous Johannes Paulus II ( ← skakels wysig ) Simon Petrus ( ← skakels wysig ) Pous Pius IV ( ← skakels wysig ) Sjabloon:Pouse ( ← skakels wysig ) Gebruikerbespreking:Hansjoseph ( ← skakels wysig ) Pous Linus ( ← skakels wysig ) Pous Anacletus I ( ← skakels wysig ) Pous Clemens I ( ← skakels wysig ) Pous Johannes II ( ← skakels wysig ) Pous Evaristus ( ← skakels wysig ) Pous Alexander I ( ← skakels wysig ) Pous Sixtus I ( ← skakels wysig ) Pous Telesforus ( ← skakels wysig ) Pous Higinus ( ← skakels wysig ) Pous Pius I ( ← skakels wysig ) Pous Anicetus ( ← skakels wysig ) Pous Soter ( ← skakels wysig ) Pous Eleuterus ( ← skakels wysig ) Pous Victor I ( ← skakels wysig ) Wikipedia:Wat Wikipedia nie is nie ( ← skakels wysig ) Pous Zefirinus ( ← skakels wysig ) Sjabloonbespreking:Pouse ( ← skakels wysig ) Pous Callixtus I ( ← skakels wysig ) Pous Urbanus I ( ← skakels wysig ) Pous Pontianus ( ← skakels wysig ) Pous Anterus ( ← skakels wysig ) Pous Fabianus ( ← skakels wysig ) Pous Cornelius ( ← skakels wysig ) Pous Lucius I ( ← skakels wysig ) Pous Stefanus I ( ← skakels wysig ) Pous Sixtus II ( ← skakels wysig ) Pous Dionisius ( ← skakels wysig ) Pous Felix I ( ← skakels wysig ) Gebruikerbespreking:Anrie/Argief2Junie2007 ( ← skakels wysig ) Pous Eutichianus ( ← skakels wysig ) Pous Gajus ( ← skakels wysig ) Pous Marcellinus ( ← skakels wysig ) Pous Marcellus I ( ← skakels wysig ) Pous Eusebius ( ← skakels wysig ) Pous Miltiades ( ← skakels wysig ) Pous Silvester I ( ← skakels wysig ) Pous Markus ( ← skakels wysig ) Pous Julius I ( ← skakels wysig ) Pous Liberius ( ← skakels wysig ) Pous Damasus I ( ← skakels wysig ) Wys (vorige 50 | volgende 50 ) ( 20 50 100 250 500 ). Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Lys_van_pouse " Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Gereedskap Spesiale bladsye Drukbare weergawe Ander tale Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:7b81e7c1-cac4-4072-a36b-f7ca7ff16345>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Lys_van_pouse
2019-07-20T01:17:50Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526401.41/warc/CC-MAIN-20190720004131-20190720030131-00421.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998527
false
Bespreking:Santa Cruz de Yanguas Jump to navigation Jump to search Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Santa Cruz de Yanguas-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. | Artikelriglyne Daaglikse bladtrekke | |
<urn:uuid:e433e903-1f93-4bac-b92d-384c48991c58>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Santa_Cruz_de_Yanguas
2019-07-21T08:52:27Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526940.0/warc/CC-MAIN-20190721082354-20190721104354-00021.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999859
false
Gabriel Byrne Gabriel Byrne | | Byrne in 2010 Geboortenaam | Gabriel James Byrne | ---|---| Gebore | 12 Mei 1950 Dublin, Ierland | Beroep | Akteur, regisseer, draaiboekskrywer, outeur | Huweliksmaat | Gabriel James Byrne (Dublin, 12 Mei 1950) is 'n Ierse akteur. Hy wen onder meer 'n Golden Globe vir sy rol in die televisie reeks In Treatment (2008). Byrne speel ook die rol van graaf Haraldson in die Kanadese reeks Vikings (2013). Biografie[wysig | wysig bron] Byrne is die oudste seun van 'n gesin van ses kinders en word groot in 'n Katolieke familie en ontvang sy opleiding by die Christelike Broeders van Ierland. Hy studeer argeologie en taalkunde in Dublin. Vervolgens studeer hy aan die "Abbey Theatre" in die Ierse hoofstad en aan die "Royal Court" in Londen. Sy eerste filmrol vertolk hy in 1981 in die film Excalibur. In die jare 80 verhuis hy na die Verenigde State en in 1990 kry hy die hoofrol in Miller's Crossing. Sy deurbraak kom danksy sy rol in die misdaadrolprent The Usual Suspects in 1995. Lys van Rolprente[wysig | wysig bron] - Excalibur (1981) - Hanna K. (1983) - The Keep (1983) - Defence of the Realm (1985) - Gothic (1986) - Lionheart (1987) - Shipwrecked (1990) - Miller's Crossing (1990) - Into the Wes (1992) - Cool World (1992) - A Dangerous Woman (1993) - Point of No Return (1993) - Trial by Jury (1994) - Little Women (1994) - Dead man (1995) - The Usual Suspects (1995) - Mad Dog Time (1996) - This Is the Sea (1997) - The End of Violence (1997) - The Brylcreem Boys (1997) - Smilla's Sense of Snow (1997) - Polish Wedding (1998) - The man in the Iron Mask (1998) - Quest for Camelot (1998) (voice) - Enemy of the State (1998) - Stigmata (1999) - End of Days (1999) - Spider (2002) - Ghost Ship (2002) - Shade (2003) - Vanity Fair (2004) - P.S. (2004) - The Bridge of San Luis Rey (2004) - Assault on Precinct 13 (2005) - Wah-Wah (2005) - Jindabyne (2006) - Emotional Arithmetic (2007) - Butte, America (2009) - Leningrad (2009) - Le Capital (2012) - I, Anna (2012) - Le temps die L'aventure (2013) - All Things to All Men (2013) - Vikings (2013) - Vampire Academy (2014) - The 33 (2014) - Nadie quiere la noche (2015) - Louder than Bombs (2015) - Hereditary (2018) Pryse[wysig | wysig bron] - 2008 - Golden Globe - Beste akteur in 'n drama reeks (In Treatment) - 1987 - International Fantasy Film Award - Beste akteur (Gothic) - 1979 - Jacob's Award - Beste akteur in 'n dramatiese televisiereeks (Bracken) - 1995 - National Board of Review Award - Beste rolverdeling (The Usual Suspects) Eksterne skakels[wysig | wysig bron] Wikimedia Commons bevat media in verband met Gabriel Byrne. |
<urn:uuid:36697840-41d8-4cb3-9fe6-976c4cef2f4b>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Gabriel_Byrne
2019-07-21T09:09:44Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526940.0/warc/CC-MAIN-20190721082354-20190721104354-00021.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.951328
false
Uggerby is ’n plek in die Deense Noord-Jutlandstreek van die Hjørring-munisipaliteit. Volgens die 2008-sensus woon daar 237 mense.
<urn:uuid:8faea6f0-5937-4351-a683-1483aaff0b96>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Uggerby
2019-07-21T09:27:26Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526940.0/warc/CC-MAIN-20190721082354-20190721104354-00021.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999883
false
Die Groot Markplein van Brussel (Frans: la Grand-Place de Bruxelles, Nederlands Grote Markt van Brussel) is die sentrale stadsplein in Brussel. Dit word omring deur versierde gildehuise in die Italiaanse Barokstyl, die stadsaal (Frans: Hôtel de Ville... Read further
<urn:uuid:8358086b-f978-4589-9f78-e0619327f26a>
CC-MAIN-2019-30
https://af.advisor.travel/photo_ex/Grote-Markt-Magic-Atmosphere-1444282
2019-07-18T20:15:06Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525793.19/warc/CC-MAIN-20190718190635-20190718212635-00285.warc.gz
by-sa
3.0
a_tag
false
true
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ true ], "in_head": [ false ], "location": [ "a_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.858195
false
Kanton Aargau (Aangestuur vanaf Aargau) Jump to navigation Jump to search Kantonsvlag | Kantonswapen | ---|---| (Besonderhede) | (Besonderhede) | Basiese gegewens | | Ampstaal: | Duits | Hoofstad: | Aarau | Stigting: | 1803 | Oppervlakte: | 1 403,81 km² | Bevolking: | 653 500 (31 Desember 2015)[1] | Bevolkingsdigtheid: | 466 inwoners / km² | Buitelanders: | 24,2 % (30 September 2015)[2] | Werkloosheidsyfer: | 3,4 % (31 Desember 2015)[3] | ISO 3166-2: | CH-AG | Amptelike webwerf: | www.ag.ch | Kaart | | Distrikte[wysig | wysig bron] Aargau is onderverdeel in 11 distrikte:
<urn:uuid:3f731500-88ef-44b5-9c50-6947cc26b1c6>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Aargau
2019-07-18T19:34:34Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525793.19/warc/CC-MAIN-20190718190635-20190718212635-00285.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.973102
false
Bespreking:Deens Jump to navigation Jump to search Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Deens-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. | Artikelriglyne Daaglikse bladtrekke | |
<urn:uuid:55b1f314-630d-4864-85ef-4cb56b994631>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Deens
2019-07-18T19:39:47Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525793.19/warc/CC-MAIN-20190718190635-20190718212635-00285.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999977
false
Boekbronne Jump to navigation Jump to search Biblioteke Suid-Afrika: - Soek die boek in die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika se katalogus - Soek die boek in die SEALS Konsortium se biblioteek - Soek die boek in die Universiteit van Suid-Afrika se biblioteek - Soek die boek in die Universiteit van die Witwatersrand se biblioteek - Soek die boek in die Kaapse Hoër Onderwys Konsortium se biblioteek Wêreldwyd: - Soek die boek deur WorldCat in jou plaaslike biblioteek se katalogus Boekwinkels Suid-Afrika: Ander lande:
<urn:uuid:9a3681dc-3b73-4fce-b78a-b36eebc24886>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Boekbronne/0-8118-2684-8
2019-07-18T19:35:39Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525793.19/warc/CC-MAIN-20190718190635-20190718212635-00285.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999935
false
Verwante veranderings Jump to navigation Jump to search Tik 'n bladsynaam om veranderinge aan bladsye te sien wat daarvan of daarheen skakel. (Om inskrywings van 'n kategorie te sien, tik Kategorie:Naam van kategorie). Veranderinge aan bladsye op u dophoulys word in vetdruk aangedui. Lys van afkortings: - N - Met die wysiging is 'n nuwe bladsy geskep. (sien ook die lys van nuwe bladsye) - k - Hierdie is 'n klein wysiging - b - Hierdie wysiging is deur 'n bot gemaak - D - Wikidata-wysiging - (±123) - Bladsy is met die aantal grepe gewysig
<urn:uuid:616b68a7-6053-4948-a3e0-043df4537f2f>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:OnlangseVeranderingsMetSkakels/Marshall_McLuhan
2019-07-18T19:59:00Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525793.19/warc/CC-MAIN-20190718190635-20190718212635-00285.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999999
false
Verwante veranderings Jump to navigation Jump to search Tik 'n bladsynaam om veranderinge aan bladsye te sien wat daarvan of daarheen skakel. (Om inskrywings van 'n kategorie te sien, tik Kategorie:Naam van kategorie). Veranderinge aan bladsye op u dophoulys word in vetdruk aangedui. Lys van afkortings: - N - Met die wysiging is 'n nuwe bladsy geskep. (sien ook die lys van nuwe bladsye) - k - Hierdie is 'n klein wysiging - b - Hierdie wysiging is deur 'n bot gemaak - D - Wikidata-wysiging - (±123) - Bladsy is met die aantal grepe gewysig 18 Julie 2019 - Sierra Leone; 13:17 -34 22.214.171.124 1982s info uitgehaal wat nie meer relevant is nie - Sierra Leone; 12:59 +15 126.96.36.199 opdateer - Sierra Leone; 11:50 +2 628 Elana Barker Inligting bygewerk Etiket: Visuele teksverwerker
<urn:uuid:4485b3bc-08d1-4579-9501-b5674447a99a>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:OnlangseVeranderingsMetSkakels/Vasco_da_Gama
2019-07-18T19:47:13Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525793.19/warc/CC-MAIN-20190718190635-20190718212635-00285.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999876
false
Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/25 Augustus Jump to navigation Jump to search - 1530 – Gebore: Iwan die Verskriklike, die eerste tsaar van Rusland. - 1944 – Tweede Wêreldoorlog: Generaal Charles de Gaulle marsjeer die Franse hoofstad binne nadat Vrye Franse en Amerikaanse-troepe Parys bevry. - 1967 – Die leier van die Amerikaanse Nazi-party George Lincoln Rockwell word deur 'n skerpskutter by 'n winkelsentrum in Arlington, Virginië, doodgeskiet. - 1989 – Voyager 2 word die eerste ruimtetuig wat Neptunus bereik en foto's van die planeet en sy mane terugstuur. - 2003 – Twee kragtige bomontploffings ruk die Indiese stad Moembaai – minstens 44 mense sterf en 150 word beseer. - 2012 – Voyager 1 word die eerste mensgemaakte voorwerp wat die Sonnestelsel verlaat en die interstellêre ruimte betree.
<urn:uuid:3dcc93b8-0167-492b-b05a-c4c5a084bd87>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Wikipedia:Uitgesoekte_herdenkings/25_Augustus
2019-07-18T20:20:54Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525793.19/warc/CC-MAIN-20190718190635-20190718212635-00285.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999786
false
supernova Jump to navigation Jump to search Inhoud Enkelvoud | Meervoud | ---|---| supernova | supernovas | - supernova; verskeie tipes sterontploffings wat geweldige helder voorwerpe gemaak van plasma produseer. Vertalings: supernova | ||| ---|---|---|---| - Sien Wikipedia vir meer inligting oor supernova.
<urn:uuid:6e822bc9-8c57-47d5-9cb2-ba6e76ff9d36>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wiktionary.org/wiki/supernova
2019-07-18T20:33:50Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525793.19/warc/CC-MAIN-20190718190635-20190718212635-00285.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.986288
false
Antoine Changuion Antoine Nicolas Ernest Changuion, ook wel A.N.E. Changuion, (Den Haag, 15 Desember 1803 – Lörrach, 14 Oktober 1881)[1] was 'n opvoedkundige, taal- en letterkundige, politikus, redenaar, joernalis, taalstryder en belangrikste voorloper van die Nederlandse Beweging in Suid-Afrika.[2] Die stamvader, Pierre Changuion, Hugenoot en boer, het tydens die bloedbad van Vassey (1562) op lg. dorpie gewoon, selfs nadat sy huis verniel is. Sommige van sy nasate het ook daar bly woon; die meeste was predikante. Die Changuions is 'n ou familie wat na 1685 na Nederland verhuis het. Inhoud Vroeë lewe[wysig | wysig bron] Antoine Nicolaas Ernest Changuion is op 15 Desember 1803 in 's-Gravenhage in Nederland gebore. Hy is afkomstig uit ’n Protestantse familie uit die Franse distrikte Champagne en Barrois wat tydens die geloofsvervolginge, wat die herroeping van die Edik van Nantes voorafgaan, vanaf 1685 hul te Amsterdam, Utrecht en Leiden vestig. Sy vader was Francois Daniel Changuion, ’n politikus en diplomaat wat onder andere die eerste Nederlandse gesant in die Verenigde State van Amerika was, en sy moeder was Henrietta Wilhelmina Har-tingh, die dogter van ’n gesiene Leidenaar. Hy het twee broers, Francois Daniel en Laurent Jonathan, en ’n suster, Louise Anna.[1] Weens geldelike moeilikhede moet sy vader vanaf 1820 verhuis na Offenbach aan die Main in Duitsland onderwyl daar ’n geregtelike proses teen hom aan die gang is. Hier sal hy uiteindelik vir dertig jare vertoef. Die jong Antoine leer hier die Duitse taal en letterkunde ken en hy leer ook Frans en Engels. Hy en sy enigste suster vestig hulle later in Frankfort. Terwyl hy Grieks en Latyn bestudeer, verdien hy as tuisonderwyser in Engels en Frans genoeg geld om in hul onderhoud te voorsien. Hy berei hom sover vir die universiteit voor dat hy op 6 Junie 1828 te Leiden as student in die lettere en godgeleerdheid ingeskryf word. Na Suid-Afrika[wysig | wysig bron] In ’n brief van 21 Mei 1830 skryf die direkteure van die Zuid-Afrikaansche Athenaeum, wat in 1829 in Kaapstad opgerig is, aan die letterkundige fakulteit van Leiden om ’n professor in die klassieke en moderne tale, veral Nederlandse lettere, aan te beveel. Die Athenaeum word later die South African College en is vandag die Universiteit van Kaapstad en SACS. Nadat verskillende ander persone vergeefs gevra is, besluit Changuion om sy teologiese studie te lat vaar en die aanbod aan te neem. Deur tussenkoms van die Leidse fakulteit kry hy sy ontslag uit die verpligte militêre diens. Hy lê sy kandidaatseksamen in die klassieke lettere af en ontvang dan honoris causa sy doktorstitel (Philosophiae Theoreticae Magister et Litirarum Humaniorum Doctor) waarop hy teen die einde van 1831 na Kaapstad vertrek. Hier aanvaar hy sy betrekking as hoogleraar met ’n redevoering Over den heilzamen invloed eener doelmatige studie der oude talen. In Kaapstad trou hy op 25 September 1832 met Magdalena Elizabeth Faure en uit hierdie huwelik word ses seuns en drie dogters gebore. Een van die dogters, Susanna Magdalena, is later met J.W.G. van Oordt getroud en is die moeder van die bekende skrywer D’Arbez. Die Taalstryder[wysig | wysig bron] Van 1833 af is hy verbonde aan die redaksie van die Nederduitsch Zuid-Afrikaansch Tijdschrift en hy speel ook ’n hoofrol by die stigting van ’n Maatschappij tot verbreding van Beschaving en Letterkunde in 1834. Hy is veral bekommerd oor die toenemende verengelsing aan die Kaap. Op verskeie geleenthede hou hy openbare lesings, soos die Vorlesung über Spracstudium überhaupt und zunachst über das Studium der Deutschen Sprache in 1837. In 1840 hou hy sy Voorlezing tot aanprijzing van de beoefening der Nederduitsche Taal en Letterkunde in Zuid-Afrika voor die Maatschappij tot verbreding van Beschaving en Letterkunde, waardeur hy poog om die Nederlandse taal te promoveer. Sy hele belangstelling is teen 1840 toegespits op die taal en letterkundige toestand in die land en uit daardie jaar is ook sy voordrag Uit ware belangstelling in de Nederduitsche Taal en Letterkunde” en sy “Voorlezing over Niets, laasgenoemde ’n uiteensetting van die werk van verskeie Nederlandse taalgeleerdes. Die Athenaeum gaan gebuk onder gebrek aan fondse en onderlinge geskille in die raad en veral die seggenskap van die regering wat op algehele verengelsing van die inrigting afstuur. Hy bedank dus in 1842 en rig sy eie Instituut op,[2] wat in Strandstraat geleë is en ook ’n kosskool het wat daaraan verbind is. Kort hierna gee hy die voorlesing European Education adapted to the Wants of the Youths of this Colony. Hy word gou ’n sterk konkurrent vir die Athenaeum en die latere presidente Brand en Burgers, die predikante Naudé en Kotzé, die argivaris van die Kaapkolonie Leibbrandt, die staatsman H.J. Hofmeyr en dié se oom, die teoloog N.J. Hofmeyr, is van sy studente. Hier bied Changuion sterk weerstand teen die verengelsing onder sy beleid van Europeesche Opvoeding gewijzigd naar de behoefte van deze Kolonie, soos sy advertensie lui by die oprigting daarvan. Die Athenaeum egter wil uitsluitend Engels wees en skaf onmiddellik die dubbel-medium Engels en Hollands af na sy vertrek. Changuion besef die noodsaaklikheid om tweetalig te wees, en maak ook voorsiening vir Frans en Duits, maar dit is met die Hollandse taal waarmee hy hom die ywerigste bemoei. Hy skryf dan ook verskeie taalkundige werke as hulpmiddels vir sy onderrig, insluitende Geslachtwijzer der Nederduitsche Taal van 1842, First Book of Exercises for the use of the Dutch classes in the Government Schools and in the mission and other schools receiving aid from the Colonial Treasury in 1843 en in 1844 verskyn die werk waarmee hy bekendheid verwerf in Europa, naamlik De Nederduitsche Taal in Zuid-Afrika hersteld, zijnde een handleiding tot de kennis dier taal, naar de plaatselijke behoefte van het land gewijzigd. Agterin die grammatika plaas hy ’n Proeve van Kaapsch Taaleigen maar ook dwarsdeur die boek vestig hy die aandag op ’n groot aantal eienaardighede van die Kaapse spraak. Dit was naamlik Changuion se oortuiging dat Nederlands se ondergang aan die Kaap slegs uitgestel kon word, maar nie verhoed kon word nie. Die Proeve was dus ’n poging om algemeen gebruikte taaleienaardighede binne Nederlands te aanvaar en die taal sodoende te sterk deur dit nader te bring aan die spreektaal. Hierdie poging word egter grootliks misverstaan en J. Suasso de Lima beskuldig hom daarvan dat hy Nederlands wil verengels, terwyl hy ook sterk teenstand van ander oorde kry. Hierna wy Changuion hom aan die skryf van sy eerste reeks Elements of Translation in easy lessons wat in 1846 verskyn en sy Wijsgeerig en Godsdienstig Leesboek. In 1848 verskyn sy Ontwerp van een Groot Nederlandsch Woordenboek. Changuion was as taalkundige en as kerkman sy tyd vooruit en was te modern en te liberaal in sy sienswyse vir die smaak van die ortodokse metodistiese predikante aan die Kaap. Hy help in 1842 vir C.W. Stegmann met die vertaling van ’s Christens Reize naar de eeuwigheid en vertaal in 1845 ’n Handleiding voor Christenen deur Andrew Reed. Toe hy meen dat die kerk die vrye ondersoek van die Bybel aan bande wil lê, wat niks anders was as hul vrees vir die opkomende Hollandse liberalisme nie, skryf hy in De Kerkbode van 1849 tot 1851 ’n reeks artikels onder die titel Een is uw meester, namelijk Christus. Hierdie toetrede tot die teologie plaas hom in botsing met diegene aan die Kaap wat die liberalisme in die godsdiens probeer teenwerk en wat in 1847 voorstel om ’n Teologiese Kweekskool op Stellenbosch op te rig. Changuion verset hom teen die oprigting in agt briewe aan De Zuid-Afrikaan, later in 1853 afsonderlik uitgegee onder die titel Bezwaren tegen het oprigten eener Theologische Kweekschool in deze volkplanting. Ook by die Sinode van 1857, wat hy as ouderling afgevaardigde van die Kaapse gemeente bywoon, kry hy nie veel ondersteuning vir sy standpunte nie. Twee van sy oud-leerlinge (N.J. Hofmeyr, toe predikant te Calvinia, en J.H. Neethling, predikant te Prins Albert) publiseer Bezwaar tegen bezwaren of dr. A.N.E. Changuion weerlegd. Die kweekskool word in 1859 geopen en daarmee is sy invloed binne die Nederduits Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika tot ’n einde. Niemand kon hom egter oortuig dat sy rigting verkeerd is nie en in 1860 publiseer hy nog ’n reeks van sewe briewe in De Zuid-Afrikaan, Over de aard en de strekking der bewegingen in de Nederduitsche Gereformeerde Kerk in Zuid-Afrika, waarin hy die liberalisme verdedig. In sy begrip behoort die wetenskaplike ondersoek van die Bybel nie aan bande gelê te word deur ’n ortodoksie nie en kan die resultate van so ’n ondersoek geen nadelige gevolge hê nie. Politikus[wysig | wysig bron] Op die gebied van die politiek, nog ’n glibberige pad, hou Changuion hom vanaf 1849 ook druk besig. Hy is instrumenteel daarin dat die planne om van die Kaap ’n strafkolonie vir misdadigers te maak, in 1849 misluk. Die Britse regering stuur naamlik in 1849 die skip Neptune met ’n aantal veroordeeldes aan boord na Kaapstad, met die voorneme om die veroordeeldes in ’n strafkolonie te vestig. Die inwoners weier egter om enige samewerking aan die regering te gee terwyl die skip in die hawe vasgemeer is en in Februarie 1850 gee die regering die stryd gewonne en verlaat die Neptune Tafelbaai. In 1853 skryf hy ’n tweetalige pamflet van aktuele belang destyds, wat in druk uitkom enige maande na die Ordonnansie vir die nuwe Konstitusie in die Staatskoerant gepubliseer is. Dit is getiteld A cathechism of the constitution ordinance, followed by hints on the most essential requisites of our future members of Parliament. Kort begrip van de Constitutie Ordonnantie, waarin hy in die populêre vorm van vraag en antwoord die nodige inligting en voorligting aan stemgeregtigdes gee. Sy hoofartikels in De Zuid-Afrikaan dateer van ongeveer 1854 en sy medewerking hou hy vir sowat elf jaar vol. Hierin bekamp hy onder andere die Britse naturelle-politiek en die wetsontwerp om die Romeins-Hollandse reg met die Engelse erfreg te vervang. Wetenskaplike skryfwerk[wysig | wysig bron] Hy sit bo en behalwe bogenoemde bedrywighede nog steeds sy wetenskaplike werk ook voort. Uit die Frans vertaal hy ’n Geschiedenis der Fransche Protestantsche Vlugtelingen in 1854 en uit die Hollands The Pastor of Vliethuizen in 1861. Naas hierdie vertaalwerk skryf hy oorspronklike taalkundige werke soos die Beginselen der Cijferkunst in 1857 en die bekende Elements of Dutch Grammar in 1860, wat lang jare op skole in gebruik was. Dit gaan egter al hoe slegter met sy Instituut. Die ouers betaal sleg, maar die groot rede is dat hy nie meer die volle vertroue van die gemeenskap geniet nie vanweë sy godsdienstige liberalisme en uitgesproke Hollandse geestesinhoud. Die Instituut sluit in 1860 en hierna wy hy hom nog ’n tyd lank aan die voorbereiding van kandidate in sekere openbare eksamens van die Raad van Eksaminators en hy hou nog in 1862 ’n Voorlezing ter aanprijzing van een bazaar ten behoeve der dagscholen in verband met de Nederduitsch Gereformeerde Kerk in de Kaapstad. Hy gee ook steeds privaat lesse. In September 1861 is hy betrokke by die inwyding van die Graaff-Reinet Athenaeum wat onderrig in Hollands sou bevorder. Terug na Europa[wysig | wysig bron] In 1864 besluit hy om met sy familie vir goed na Europa terug te keer. Voor sy vertrek in 1865 onderneem hy ’n reis deur die Kaapkolonie waar hy orals toesprake hou om afskeid te neem en die redes vir sy vertrek uiteen te sit, wat hy nogmaals herhaal in sy Introductory Discourse in 1868 in Lausanne in Switserland. Hy vestig hom eers in Duitsland, waar hy weer onderwys gee in Bonn en later Frankfurt-am-Main en Aarau. Met die uitbreek van die oorlog tussen Pruise en Oostenryk gaan hy in 1866 na Switserland en bly eers in Lausanne en later in Lörrach. Hy is op 14 Oktober 1881 in Lörrach in Switserland oorlede en sy vrou is op 15 Maart 1890 oorlede. Kritiek van De Lima[wysig | wysig bron] 'n Heftige reaksie op die Proeve van Kaapsch Taaleigen het gekom van J.S. de Lima. De Lima was ook ’n bekende taalstryder vir Nederlands aan die Kaap. In ’n brosjure met die titel De Taal der Kapernaren, verdedigd tegen de schandelijke aanranding derzelve van Professor Changuion (1844) het De Lima beswaar gemaak teen Changuion se voorbeelde van die taalgebruik aan die Kaap. De Lima was hoogs verontwaardig en skryf: Wie spreekt zoo professor? Volgens De Lima was die voorbeelde wat Changuion gebruik het, kenmerkend van die 'gepeupel' aan die Kaap en was dit beslis nie die taalgebruik van die opgevoede klasse aan die Kaap nie.[3] Later sou Afrikaanse taalkundiges juis hierdie Proeve van Kaapsch Taaleigen van Changuion gebruik om aan te dui dat Afrikaans aan die ontwikkel was. Skryfwerk[wysig | wysig bron] Hy raak aanvanklik veral bekend vir sy groot aantal werke van taalkundige aard. Met Geslachtwijzer der Nederduitsche Taal van 1842 poog hy om die geslag in die Nederlandse taal op meer interessante wyse aan te bied. Hy skryf sy First Book of Exercises for the use of the Dutch classes in the Government Schools and in the mission and other schools receiving aid from the Colonial Treasury in 1843 en in 1844 verskyn die werk waarmee hy bekendheid verwerf in Europa, naamlik De Nederduitsche Taal in Zuid-Afrika hersteld, zijnde een handleiding tot de kennis dier taal, naar de plaatselijke behoefte van het land gewijzigd. Agterin die grammatika plaas hy ’n Proeve van Kaapsch Taaleigen maar ook dwarsdeur die boek vestig hy die aandag op ’n groot aantal eienaardighede van die Kaapse spraak. Hierdie aanhangsel is ’n besonder waardevolle aanduiding van die stand van Afrikaans aan die Kaap in hierdie tyd. Hierna wy hy hom aan die skryf van sy eerste reeks Elements of Translation in easy lessons wat in 1846 verskyn en sy Wijsgeerig en Godsdienstig Leesboek. Hy stuur sy Ontwerp van een Groot Nederlandsch Woordenboek in 1848 aan die Maatschappij der Nederlandsche Letterkunde in Leiden, waarin hy poog om struktuur te gee aan die gebruik van Nederlands in Suid-Afrika, waar bestaande Nederlandse woordeboeke nie kan help met die groot aantal vreemde woorde wat algemeen in die spraaktaal gebruik word nie. Sommige van sy wenke soos die alfabetiese rangskikking in plaas van die etimologiese en die opname van uitvoerige proeven van gewestelijk taaleigen is later deur professor M. de Vries in die Woordenboek der Nederlandsche Taal opgeneem. In 1857 verskyn Beginselen der Cijferkunst en die bekende Elements of Dutch Grammar, wat lang jare op skole in gebruik was, volg in 1860. Op teologiese gebied publiseer hy Bezwaren tegen het oprigten eener Theologische Kweekschool in deze volkplanting, wat ’n saambundel is van sy briewe in hierdie verband wat aanvanklik in De Zuid-Afrikaan verskyn het. Ook op die gebied van die digkuns lewer hy werk. Hy vertaal gedigte van die Franse digter Lamartine en in 1840 verskyn in die Nederduitsch Zuid-Afrikaansch Tijdschrift Vertalingen uit de Reis van Lamartine naar het Oosten. Sy Rouwklagt van Lamartine over den dood van zijn dochtertje word in 1849 in die bekende Hollandse tydskrif Het Algemeen Letterlievend Maandschrift gepubliseer en later ook in sy eie digbundel opgeneem. Kort voor sy vertrek uit Suid-Afrika verskyn die bundel gedigte Nagalmen, waarin hy gedigte uit verskillende tye van sy lewe opneem, sodat dit ’n digterlike beeld van sy lewe vorm. Daar is gedigte uit sy jeug (Nieuwjaarswensch is byvoorbeeld as sestienjarige geskryf) en uit sy studentetyd (bv. De noodlottige Zaturdag). Gewild was sy humoristies verhalende verse soos Gedenkwaardige Maaltijd, Teeder Liefdeklacht van een Apotheker en De Luidruchtige jasparty. Vir ons van meer belang is die gedigte wat uit sy Kaapse tydperk kom. Uit sy persoonlike liefdeslewe met sy vrou is Aan eene vriendin ten geleide van een geschenk, In de vriendenrol van een jonge dame en Verloving. In 1846 dig hy ’n drietal skoolliedere op versoek van die skool Tot Nut van’t Algemeen, naamlik Bij een examen, Na de prijsuitdeling en Na eene vacantie. Benewens verskeie geleentheidsgedigte skryf hy ook De Kaffer Oorlog wat uit 1846 dateer en sy sentimente ten gunste van die grensboere in een van die vele grensoorloë uitspreek. Van sy gedigte word opgeneem in Gerrit Komrij se bloemlesing Die Afrikaanse poësie in ’n duisend en enkele gedigte. Hy skryf ook die toneelstuk “De luidrichtige jaspartij”, wat onder andere op 8 April 1873 deur die Rederykerskamer Aurora in Kaapstad opgevoer word. Dit is hoofsaaklik ’n tweespraak, waarin twee kaartspelers erg met mekaar aan die baklei gaan, met ’n derde wat dan ongesiens met die geld wegkom.[4] Publikasies[5][wysig | wysig bron] Jaar | Publikasie | ---|---| 1842 | Geslachtswijzer der Nederlandsche taal | 1843 | First Book of Exercises for the use of the Dutch classes in the Government Schools and in the mission and other schools receiving aid from the Colonial Treasury | 1844 | De Nederduitsche taal in Zuid-Afrika hersteld, zijnde eene handleiding tot de kennis dier taal, naar de plaatselijke behoefte van het land gewijzigd | 1846 | Elements of Translation in easy lessons | 1854 | Bezwaren tegen het oprigten eener theologische kweekschool in deze volksplanting, eene reeks van brieven, oorspronkelijk geplaatst in de‘Zuid-Afrikaan’ | 1863 | Nagalmen | Eksterne skakels[wysig | wysig bron] - ( ) Changuion, Antoine Nicolas Ernest, Digitale Bibliotheek voor de Nederlandse Letteren Verwysings[wysig | wysig bron] Boeke[wysig | wysig bron] - Antonissen, Rob. Die Afrikaanse letterkunde van aanvang tot hede. Nasou Beperk. Derde hersiene uitgawe. Tweede druk, 1964. - Conradie, Elizabeth. Hollandse skrywers in Suid-Afrika (Deel I) (1652–1875). J.H. de Bussy. Pretoria, 1934. - Grové, A.P. Letterkundige sakwoordeboek vir Afrikaans. Nasou Beperk. Vyfde uitgawe. Eerste druk, 1988. - Kannemeyer, J.C. Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 1. Academica. Pretoria en Kaapstad. Tweede druk, 1984. - Kannemeyer, J.C. Die Afrikaanse literatuur 1652-2004. Human & Rousseau. Kaapstad en Pretoria. Eerste uitgawe, 2005. - Scholtz, J. du P. Die Afrikaner en sy taal 1806-1875. Nasou Beperk. Kaapstad. Derde druk, 1967. - Van Coller, H.P. (red.) Perspektief en Profiel Deel 3. Van Schaik-Uitgewers Pretoria. Eerste uitgawe, 2006. - ( ) Proeve van Kaapsch Taaleigen, Digitale Bibliotheek voor de Nederlandse Letteren Ander verwysings[wysig | wysig bron] - Geni: http://www.geni.com/people/Anthoine-Nicolas-Ernest-Changuion/6000000016347345835 - Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Changuion,_Antoine_Nicolaas_Ernst - A. de Villiers: Die Hollandse Taalbeweging in Suid-Afrika. Kaapstad: Nasionale Pers, 1936, bl. 54 - Koch, Ingmar in scribd.com: http://www.scribd.com/doc/79681349/Het-ochtengloren-boven-Kaapstad-Nederlandse-rederijkers-in-Kaapstad#scribd - Digitale bibliotheek voor Nederlandse letteren: http://www.dbnl.org/auteurs/auteur.php?id=chan001
<urn:uuid:4b5357ac-0b3f-498e-9990-8c53accde88a>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Antoine_Changuion
2019-07-22T14:06:52Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528037.92/warc/CC-MAIN-20190722133851-20190722155851-00205.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999408
false
Palinologie Palinologie (stuifmeelkunde) is die navorsing op die gebied van stuifmeel, spore en bepaalde mikroskopiese planktonorganismes, wat palinomorfs genoem word. Dit kan lewende asook fossielvorme behels en omvat baie meer as net stuifmeel. Plantkundiges wat lewende stuifmeel of spore bestudeer bedryf aktuopalinologie, terwyl geoloë wat met fossiele stuifmeel of spore werk paleopalinoloë is. Palinomorfs[wysig | wysig bron] Palinomorfs is strukture wat van organismes stam en wat mikroskopies van grootte is, sowat 5 tot 500 μm. Hulle het 'n groot weerstand teen die meeste vorme van verrotting en aantasting, behalwe oksidasie. Hulle is meestal opgebou uit stowwe soos sporopollenien en dinosporien, wat hierdie eienskappe besit. Hierdeur is hulle dikwels baie volop in neerslae en afsettingsgesteentes en kan daaruit met sterk sure, basisse of asetolise vrygestel en op digtheid geskei word. Hierdie mikrofossiele kan wande van kiesel, kalk, fosfaat of sellulose besit. Hulle het dikwels in die oseaan of in varswater ontstaan.[2] - Voorbeelde van palinomorfs - Acritarche: vorme wat se oorsprong onbekend is. - Chitinozoa: moontlik eiers van metazoa. - Dinoflagellate: eukariotiese protiste wat 'n groot deel van die plankton behels. - Stuifmeelkorrels: van bome, maar ook grasse, kruide ens. - Spore: eensellige organismes wat in die aseksuele voortplanting van talle organismes 'n rol speel, soos plante, alge, swamme, protozoa, ens. - Nie-stuifmeel palinomorfs: reste van swamme, sianobaterieë, mikro-alge ens.
<urn:uuid:95d58c90-3b3c-4940-8bf4-0d946d09d50a>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Palinologie
2019-07-22T14:42:35Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528037.92/warc/CC-MAIN-20190722133851-20190722155851-00205.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999683
false
Sjabloon:Huidige leiers van die Boliviaanse Alliansie vir die Amerikas Gebruik {{Huidige leiers van die Boliviaanse Alliansie vir die Amerikas|state=collapsed}} of {{Huidige leiers van die Boliviaanse Alliansie vir die Amerikas|state=uncollapsed}} om die sjabloon só in te sluit dat dit by verstek ingevou (versteek) of uitgevou (vertoon) is. Gebruik {{Huidige leiers van die Boliviaanse Alliansie vir die Amerikas|state=autocollapse}} om die sjabloon in te vou indien daar ’n ander sjabloon van dieselfde soort op die bladsy is.
<urn:uuid:43cd85f8-8629-4ecc-9490-d289fa92ef34>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Sjabloon:Huidige_leiers_van_die_Boliviaanse_Alliansie_vir_die_Amerikas
2019-07-17T15:00:55Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525312.3/warc/CC-MAIN-20190717141631-20190717163631-00149.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999915
false
Dirk Postma jr. Ds. Dirk Postma (die jongere) (Rustenburg, 1 Junie 1861 – Hopetown,[1] 7 September 1919) was predikant in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, skrywer, kerkhistorikus en soms bekend onder die bynaam die Rooie. Hy was die oudste seun uit ds. Dirk Postma se vierde huwelik, met Susanna Lasea Kruger, die eerste van sy twee Suid-Afrikaanse vroue, die dogter van die bekende ouderling en volksraadslid vir Rustenburg, Stephanus Jacobus Kruger, vroeër van Colesberg in die Kaapkolonie. Ds. Dirk Postma jr. | | Ds. Dirk Postma as jong predikant Naam | Dirk Postma | ---|---| Geboorte | 1 Junie 1861 Rustenburg, Transvaal | Sterfte | 7 September 1919 (op 58) Hopetown, Kaapland | Kerkverband | Gereformeerde Kerk | Gemeente(s) | Fauresmith (1884–1888) Humpata (1889–1890) Fauresmith-Petrusburg (1891–1894) Steynsburg (1894–1897) Rustenburg (1897–1905) | Jare aktief | 1884–1905 | Kweekskool | Teologiese Skool Burgersdorp | Inhoud Opleiding en bedieningWysig Postma ontvang sy opleiding op Burgersdorp aan die literariese departement waarvan sy ouer broer Martinus Postma die hoof is en aan die Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerk waarvan sy vader die hoof is. Hy tree op 20 Februarie 1882 op Reddersburg in die huwelik met Fransina Magdalena du Plessis, stiefdogter van Floris Venter. Uit dié huwelik is drie seuns en vyf dogters gebore. Die jongste seun, Floris Venter Postma, is as gids en grootwildjagter in Oos-Afrika oorlede. In 1884 word Postma predikant van die Gereformeerde gemeente Fauresmith. (Dié gemeente het in 1864 van die gemeente Reddersburg afgestig, maar het in 2010 ontbind.) Gereformeerde predikant in AngolaWysig Enkele jare later stel hy hom beskikbaar om as eerste predikant drie jaar na die Dorslandtrekkers, van wie die meeste Doppers (lidmate van die Gereformeerde Kerk) was, by São Januário, Humpata, in Angola, te gaan. Hy word op 21 Oktober 1888 op Burgersdorp vir dié diens bevestig en bereik sy bestemming Portugees-Wes-Afrika in 1889. Afgesien van die waardevolle geestelike en kerklike bediening wat van ds. Postma onder hierdie afgesonderde pioniers uitgaan, rig hy dadelik ook ten behoewe van die verwaarloosde jeug ’n skool op waarin hy self onderwys gee. Hy begin ook daar onder die diensbodes wat saam met die pioniers uit Transvaal getrek het, die sogenaamde “mak volk”, met georganiseerde sendingwerk. Om gesondheidsredes moet hy in September 1890 terugkeer en word deur sy broer ds. Marthinus Postma in Mossamedes gehaal. Terug in Suid-AfrikaWysig Aan die begin van 1891 aanvaar hy ’n beroep na die gekombineerde gemeentes Fauresmith-Petrusburg en volg ds. Jan Lion Cachet in Oktober 1894 as leraar van die Gereformeerde kerk Steynsburg in die Noordoos-Kaap op. Op 6 Mei 1897 word hy predikant op sy geboortedorp, Rustenburg. Weens insolvensie, wat deels toegeskryf kan word aan die spandabelheid van sy vrou, neem hy op 30 Junie 1905 ontslag en word daarna as predikant afgesit. Hy probeer tevergeefs om herstel te word en voer intussen ’n bestaan as ’n reisende agent wat boeke en ander ware op die platteland verkoop. Laaste jareWysig Postma is op 20 Januarie 1911 in Johannesburg getroud met Magalina Margaretha Uys (Koedoespoort, Pretoria, 16 Desember 1868 – Pretoria, 7 Augustus 1955), dogter van Philippus Carl Bronkhorst. Sy was ’n bekende inwoner van Middelburg, Transvaal, en stel twee werke saam: Stemme uit die vrouekampe gedurende die Tweede Vryheidsoorlog tussen Boer en Brit van 1899 tot 1902 (Potchefstroom, 1925) en Stemme uit die verlede: ’n versameling van beëdigde verklarings van vroue wat tydens die Tweede Vryheidsoorlog in die konsentrasiekampe verkeer het (Johannesburg, 1939). Gedurende sy latere lewe woon Postma op Middelburg. Hy begewe hom in enkele spekulatiewe transaksies, maar sterf in onbemiddelde omstandighede op Hopetown in die Karoo en word aldaar begrawe. Postma was ’n minsame persoonlikheid en uitnemende prediker. Deur sy ondernemingsgees word hy onder meer ook ná sy terugkeer uit Portugees-Wes-Afrika ’n baanbreker vir ’n georganiseerde verenigingslewe onder die Gereformeerde jeug, maar ongelukkig was hy ’n swak finansiële administrateur. SkrywerWysig Hy het besonder in die geskiedenis belanggestel en kan as die baanbreker-geskiedkundige van die Gereformeerde Kerk beskou word. Sy boek Eenige schetsen voor eene geschiedenis van de Trekboeren, thans bekend onder den naam van de Gereformeerde gemeente van St. Januario, Humpata . . . (Amsterdam-Pretoria, 1897), dra hy op aan pres. Paul Kruger, self lidmaat van die Gereformeerde Kerk. Dit is ’n waardevolle bronnepublikasie vir die geskiedenis van die Dorslandtrek, met ’n menigte dokumente, herinneringe, beskrywings van die land, geografie, plante, sketse en foto’s van die baanbrekers en inboorlinge asook ’n skerp waarneming van hul geskiedenis en kulturele agtergrond. Sy ander groot werk was De geschiedenis van de stichting en ontwikkeling der Gereformeerde Kerk in Zuid Afrika (Paarl, 1905), wat hy as “Een harer dankbare zonen” aan sy kerk opdra; dit is van dieselfde genre, met dokumente uit Nederlandse en Suid-Afrikaanse kerkargiewe, redevoeringe en herinneringe van prominente persone en foto’s wat betrekking het op die geskiedenis van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika en die Teologiese Skool op Burgersdorp. Die ruim dokumenteversameling waaruit hy sy keuse doen en wat oorspronklik van sy vader afkomstig is, bly deur sy broerskind prof. Ferdinand Postma vir die nageslag bewaar. Dit staan as die Postma-versameling in die Gereformeerde Kerkargief bekend. Van Postma het ook verskyn: Eenige nagelatene leerredenen van wylen prof. D. Postma . . . op verzoek van vele leeraren en vrienden uitgegeven . . . (Kaapstad, 1893); Een dertigtal leerredenen (Amsterdam, 1899) en Tweede dertigtal leerredenen (Paarl, 1904). In die S.P. Engelbrecht-versameling van die N.H. Kerkargief, Pretoria, berus ’n aantal Nederlandse en Engelse digwerkies, asook talle preke van hom wat nie uitgegee is nie.
<urn:uuid:4749797a-ed6d-4bdb-9d7f-656434faa504>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Dirk_Postma_jr
2019-07-21T08:58:52Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526940.0/warc/CC-MAIN-20190721082354-20190721104354-00069.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999935
false
UEFA Champions League - Hierdie artikel handel oor UEFA se Europese sokkertoernooi, vir ander gebruike, sien Champions League (dubbelsinnig). Die UEFA Champions League is die grootste beker-toernooi vir sokker ter wêreld. Die Champions League is 'n uitkloptoernooi vir Europese sokkerklubs wat hoog in hulle nasionale ligas geëindig het (sterker liga's sal meer klubs as swakker liga's afvaardig). Die toernooi word deur UEFA georganiseer. Die toernooi begin met die groepuitdunne, waar die boonste twee spanne in elke groep van vier in die uitklopfase van die toernooi speel. Die spanne wat derde in die groep eindig speel verder in die Europa League. Daar word algemeen na die wenner van die Champions League verwys as die sterkste sokkerspan ter wêreld. Die huidige kampioene is Liverpool FC. In 2019 het hulle Tottenham Hotspur met 2–0 in die eindstryd geklop en sodoende hul sesde Kampioenbeker ingepalm.
<urn:uuid:8218e705-aea3-43bd-afb5-99bceaf30c68>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/UEFA_Champions_League
2019-07-21T08:42:32Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526940.0/warc/CC-MAIN-20190721082354-20190721104354-00069.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999957
false
Bespreking:Oakdene Jump to navigation Jump to search Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Oakdene-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. | Artikelriglyne Daaglikse bladtrekke | |
<urn:uuid:a584b2f1-c8b1-482f-aaa2-992bfaddcb93>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Oakdene
2019-07-21T08:58:38Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526940.0/warc/CC-MAIN-20190721082354-20190721104354-00069.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999971
false
Hulp Bladsye wat na "Yamoussoukro" skakel ← Yamoussoukro Jump to navigation Jump to search Skakels hierheen Bladsy: Naamruimte: alle (Hoof) Bespreking Gebruiker Gebruikerbespreking Wikipedia Wikipediabespreking Lêer Lêerbespreking MediaWiki MediaWikibespreking Sjabloon Sjabloonbespreking Hulp Hulpbespreking Kategorie Kategoriebespreking Portaal Portaalbespreking Module Module talk Gadget Gadget talk Gadget definition Gadget definition talk Omgekeerde seleksie Filters Versteek insluitings | Versteek skakels | Versteek aansture Die volgende bladsye skakel na Yamoussoukro : Wys (vorige 50 | volgende 50 ) ( 20 50 100 250 500 ). Afrika ( ← skakels wysig ) Bloemfontein ( ← skakels wysig ) Kaapstad ( ← skakels wysig ) Pretoria ( ← skakels wysig ) Hoofstad ( ← skakels wysig ) Lys van hoofstede ( ← skakels wysig ) Harare ( ← skakels wysig ) Ivoorkus ( ← skakels wysig ) Dakar ( ← skakels wysig ) Nairobi ( ← skakels wysig ) Bissau ( ← skakels wysig ) Bamako ( ← skakels wysig ) Banjul ( ← skakels wysig ) Conakry ( ← skakels wysig ) Luanda ( ← skakels wysig ) Maputo ( ← skakels wysig ) Milaan ( ← skakels wysig ) Lusaka ( ← skakels wysig ) Windhoek ( ← skakels wysig ) Kaïro ( ← skakels wysig ) Concorde ( ← skakels wysig ) Jamestown, Sint Helena ( ← skakels wysig ) Ceuta ( ← skakels wysig ) Melilla ( ← skakels wysig ) Abidjan ( ← skakels wysig ) Tripoli ( ← skakels wysig ) Accra ( ← skakels wysig ) Dodoma ( ← skakels wysig ) Sjabloon:Hoofstede in Afrika ( ← skakels wysig ) Maseru ( ← skakels wysig ) Gaborone ( ← skakels wysig ) Monrovia ( ← skakels wysig ) Asmara ( ← skakels wysig ) Kinshasa ( ← skakels wysig ) Libreville ( ← skakels wysig ) Abuja ( ← skakels wysig ) Antananarivo ( ← skakels wysig ) Addis Abeba ( ← skakels wysig ) Kampala ( ← skakels wysig ) Kigali ( ← skakels wysig ) Rabat ( ← skakels wysig ) Ouagadougou ( ← skakels wysig ) Port Louis ( ← skakels wysig ) Brazzaville ( ← skakels wysig ) Pleknaamsveranderinge in Ivoorkus ( ← skakels wysig ) Tunis ( ← skakels wysig ) Bangui ( ← skakels wysig ) Malabo ( ← skakels wysig ) Lilongwe ( ← skakels wysig ) Mogadisjoe ( ← skakels wysig ) Wys (vorige 50 | volgende 50 ) ( 20 50 100 250 500 ). Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Yamoussoukro " Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Gereedskap Spesiale bladsye Drukbare weergawe Ander tale Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:0dfa4f89-a899-4979-b2c4-b35aeef03a0b>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Yamoussoukro
2019-07-21T09:33:41Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526940.0/warc/CC-MAIN-20190721082354-20190721104354-00069.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99912
false
Kosovo Volkslied: Europa[1] | ||||| Hoofstad | Pristina Grootste stad | Pristina | |||| Amptelike tale | Albanees en Serwies | |||| Regering | Parlementêre republiek Hashim Thaçi Ramush Haradinaj | |||| Onafhanklikheid Vorming • Vilayet Kosovo • Outonome provinsie • Republiek van Kosovo • UNSCR 1244 • VN-administrasie • Onafhanklikheid • Volle soewereiniteit • Brussel-ooreenkoms | 1877 31 Januarie 1946 2 Julie 1990 10 Junie 1999 Junie 1999 17 Februarie 2008 10 September 2012 19 April 2013 | |||| Oppervlakte - Totaal - Water (%) | 10 908 km2 4 212 myl2 1,0[2] | |||| Bevolking - 2016-skatting - 2011-sensus - Digtheid | 1 907 592[3] (-) 1 739 825 159 / km2 412 / myl2 | |||| BBP (KKP) - Totaal - Per capita | 2017-skatting $19,996 miljard[4] | |||| BBP (nominaal) - Totaal - Per capita | 2017-skatting $8,883 miljard[4] | |||| MOI (2013) | 0,786[5] (-) – hoog | |||| Gini (2005/2006) | 30,0[6](121ste) – medium | |||| Geldeenheid | Euro (€) (EUR ) Tydsone - Somertyd | MET (UTC+1) MEST (UTC+2) | |||| Internet-TLD | ||||| Skakelkode | +383 | Kosovo (Albanees: Kosova, [kɔsɔva]; Serwies: Косово; Kosovë), amptelik die Republiek van Kosovo (Albanees: Republika e Kosovës; Serwies: Република Косово, Republika Kosovo), is ’n politieke omstrede entiteit op die Balkanskiereiland wat homself op 17 Februarie 2008 eensydig onafhanklik verklaar het van Serwië. Dit is voorheen bestuur deur die VN-missie Unmik. De jure is Kosovo ’n outonome provinsie van Serwië en sy onafhanklikheid word nog nie heeltemal deur die internasionale gemeenskap erken nie. Die Republiek van Kosovo word tans deur 111 lande erken.[7] Kosovo het sowat 2 miljoen inwoners, van wie ongeveer 92% etniese Albaniërs is.[8] Dit grens aan Montenegro, Serwië, Masedonië en Albanië. Die hoofstad en grootste stad is Pristina met 'n bevolking van sowat 200 000, wat ook die ekonomiese en kulturele sentrum is. Inhoud - 1 Geskiedenis - 2 Onafhanklikheid - 3 Verwysings - 4 Bronne - 5 Verdere leesstof - 6 Eksterne skakels Geskiedenis[wysig | wysig bron] Vroeë geskiedenis[wysig | wysig bron] Eerste bewoners[wysig | wysig bron] Die oudste bekende bewoners van die voormalige Joego-Slawië is die Illiriërs: Hulle beset omstreeks 1000 v.C. groot dele van die land en vestig hulle veral in die kusstrook. In die 1ste eeu v.C. beset die Romeine groot dele van die Illiriese binneland – tot aan die Donau. Die eerste Slawiese stamme steek die Donau in die 5de eeu oor en trek deur die land suid (joeg = suid) van die vroeëre Romeinse grensrivier. Hulle kom onder invloed van die Romeins-Bisantynse kultuur en maak kennis met die Christendom. In die 6de eeu beset die Slawiese Serwiërs die huidige Serwië. Daar vorm hulle klein vorstedomme (bestuur deur ’n župan) wat in ’n voortdurende staat van oorlog met mekaar leef. Eers in die 12de eeu slaag Stefan Nemanja daarin om ’n Serwiese koninkryk te stig wat voortdurend deur sy opvolgers uitgebrei word. Dit word ’n magtige Balkanstaat onder Dušan (1331–1355), wat in 1346 vir hom die titel keiser (tsaar) toeëien. Turkse besetting[wysig | wysig bron] In 1354 begin die Turke die Balkanskiereiland bewoon. Die Serwiese Keiserryk kom op 28 Junie 1389 tot ’n einde toe die Serwiese leër deur die Turke verpletter word by Kosovo Polje. Die veldslag duur sestien dae, waarin sowel die Serwiese tsaar Lazar as die Turkse sultan Murat I sterf. Ná Murat I se dood volg Bajezid I hom op. Tydens die Derde Heilige Liga (of Groot Turkse Oorlog van 1683–1699) word Kosovo verower deur Oostenrykse troepe met die hulp van ongeveer 6 000 Albanese onder leiding van die Rooms-Katolieke aartsbiskop Pjetër Bogdani. In 1690 lei die Serwiese patriarg Peć Arsenije III 30 000 families, waaronder moontlik ook nie-Serwiërs, uit Kosovo om te ontsnap aan die wraak van die Ottomaanse Turke toe hulle die gebied herower. Talle mense trek uit die gebied weg weens die wreedhede deur die Turke. Die Turke sluit Kosovo in in die bestuurhervormings van 1864. Dit sorg vir ’n groot volksverhuising; talle Islamitiese en Rooms-Katolieke Albanese en Turke kom vestig hulle in Kosovo, in so ’n mate dat die Albanese die meerderheid word. Baie Serwiërs neem ook die Islam en die Albanese Moslems se kultuur en taal aan. Serwiese opstande word in 1804, 1809 en 1815 op bloedige wyse gewreek. Ná die Russies-Turkse Oorlog, wat eindig met die algehele nederlaag van die Turke (vandaar die gevoel van solidariteit tussen Serwië en Rusland), word Serwië in 1878 ’n onafhanklike staat. By die Kongres van Berlyn verkry Serwië die gebied wat tans bekend is as Suid-Serwië (ongeveer die grootte van Kosovo). Binne twee maande word die gebied etnies gesuiwer deur die Serwiërs en die bevolking verdryf na Kosovo, Masedonië en veral die huidige Turkye. Twintigste eeu[wysig | wysig bron] Balkanoorlog[wysig | wysig bron] Tydens die Balkanoorloë word Kosovo en Albanië in 1912 deur Serwië verower en die westelike deel van Kosovo deur Montenegro. Die Serwiërs wil Kosovo weer suiwer van Albanese, maar ná onderhandelinge met Turkye word afgespreek dat die Albanese toegelaat sal word om na Turkye te trek, ’n plan met weinig sukses. In 1912 verklaar Albanië hom onafhanklik van die Ottomaanse Ryk nadat Serwië, Montenegro en Griekeland hul aanspraak op die gebied ophef. Ná die einde van die Tweede Balkanoorlog verleen die Groot Lande in 1913 op die Konferensie van Londen onafhanklikheid aan Albanië. Kosovo word egter beskou as ’n integrale onderdeel van Serwië en verkry nie onafhanklikheid nie. Die Koninkryk van die Serwiërs, Kroate en Slowene[wysig | wysig bron] Ná die Eerste Wêreldoorlog smelt Serwië, Montenegro, Slowenië, Kroasië, Bosnië en Herzegowina en Masedonië saam tot die staat Joego-Slawië: ’n bont allegaartje van die mees uiteenlopende kulture, onder die naam "Koninkryk van die Serwiërs, Kroate en Slowene". Later word dit Joego-Slawië genoem. Onder Tito[wysig | wysig bron] Tydens Josip Broz Tito se staatshervorming van 1974 word Kosovo (net soos Vojvodina) ’n outonome provinsie van die deelstaat Serwië, waarmee Kosovo feitlik ewe veel seggenskap verkry as ’n deelstaat (met sy eie parlement, regering en regbank). Ná die val van Joego-Slawie vorm Serwië en Montenegro ’n nuwe federasie terwyl die ander deelstate onafhanklik word. Serwië het twee provinsies met beperkte outonomie: Vojvodina (met ’n belangrike Hongaarse minderheid) en Kosovo (met ’n belangrike Albanese meerderheid). Konflikte om Kosovo[wysig | wysig bron] Ná onderdrukkende optrede teen die Albanese in Kosovo in 1974 en 1976 kom die Albanese inwoners op 11 Maart 1981 in opstand. Hulle eis dat Kosovo nes al die ander deelstate behandel word. Ná die onderdrukking van die opstand word sowat 2 000 Albanese gevange geneem, waaronder ’n belangrike deel van die Albanese intelligentsia en partykaders. Dit was net ’n proeflopie vir die opstand van 1986, wat eindelik ook ’n uitwerking op die ander Joego-Slawiese republieke. In 1989 beëindig president Slobodan Milosevic die outonomie van Kosovo en kom die gebied weer geheel en al onder Serwiese bestuur. Honderdduisende Albanese verloor hul werk en hul parlement word ontbind. Die Albanese bevolking van Kosovo reageer daarop deur hulle onder leiding van Ibrahim Rugova ondergronds te organiseer. Hierdie skadusamelewing in Kosovo het sy eie regering en parlement, ’n universiteit, skole en hospitale. Dit word gefinansier deur middel van ’n eie belastingstelsel en met behulp van Kosovare wat in die buiteland werk). Intussen is daar vanuit die internasionale gemeenskap min belangstelling in die onderdrukking van Albanese in Kosovo. Kosovo-oorlog[wysig | wysig bron] In 1997 verander dit egter. Milosevic sien dat sy posisie deur die opposisie bedreig word. Ekonomiese probleme weens internasionale boikotte en grootskaalse korrupsie en misdaad het die meeste Serwiërs van hom vervreem. Tegelykertyd raak 'n deel van die Albaniese bevolking radikaal omdat agt jaar van vreedsame verset geen verbetering opgelewer het nie. Hulle stig die Kosovaarse Bevrydingsleër (UÇK), wat die wapens opneem teen die Serwiërs. Dit word gevolg deur aanslae op Albanese wat van sameswering beskuldig word. Die Verenigde State het die UÇK in die begin nog as ’n terroriste-organisasie beskou, maar verander van mening in die stryd teen Milosevic. Die land en NAVO steun die stryd van die UCK sedertdien. In Februarie 1997 antwoord Belgrado op die konstante provokasies van die UÇK met ’n groot militêre aanval. In Februarie 1999 word die Kosovo-konferensie in die Franse Rambouillet gehou. Hier ontstaan die plan om vir ’n periode van drie jaar selfbestuur aan Kosovo te verleen, maar geen onafhanklikheid nie. Die Kosovare teken die plan in Maart 1999 in Parys. Maar die Serwiërs is daarteen omdat die plan ook ’n NAVO-troepemag in Kosovo insluit: Die besetting van Serwiese grondgebied deur buitelandse troepe is vir hulle onaanvaarbaar. Ook dreigement van NAVO-lugaanvalle staan Serwië nie aan nie. Einde Maart begin die lugaanvalle, waarvoor die toestemming van die VN-veiligheidsraad nie gekry is soos wat die oorlogsreg vereis nie. Die teikens van die aanvalle is sowel militêr as burgerlik: brûe, spoorlyne, chemiese fabrieke en selfs ’n televisiesender in Belgrado word deur NAVO-vliegtuie verwoes, ten koste van burgerlike slagoffers. Ná 78 dae van bombardering van Serwiese teikens in Serwië, Montenegro en Kosovo teken Belgrado die Ooreenkoms van Kumanovo vir die terugtrekking van die Serwiese leër uit Kosovo. Status[wysig | wysig bron] Kosovo is sedertdien onder bestuur van die Verenigde Nasies, wat die missie Unmik (United Nation Interim Administration Mission in Kosovo) daarvoor geskep het. ’n NAVO-vredesmag met die naam KFOR (Kosovo Force) hou toesig op die openbare orde. Die Kosovaarse parlement sorg in oorleg met Unmik vir wetgewing, wat op sommige terrein (soos die strafreg) die Serwiese wetgewing heeltemal vervang. Onafhanklikheid[wysig | wysig bron] Die eensydige onafhanklikverklaring is op voorstel van premier Hashim Thaçi op Sondag 17 Februarie 2008 om 16:00 eenparig uitgeroep deur die Kosovaarse parlement. Daar was tien afwesiges, onder andere die afgevaardigdes van die Serwiërs uit Kosovo. In die verklaring staan onder meer:[9] - Kosovo se stigting is gebaseer op die plan van Martti Ahtisaari, die Finse diplomaat wat ’n bloudruk opgestel het van die beginsels waaraan Kosovo moet hou, soos internasionale toesig deur die EU en die beskerming van minderhede. - Kosovo is ’n multi-etniese en demokratiese staat - Kosovo sal hom wy aan vrede en stabiliteit in die streek - Kosovo stem in tot internasionale toesig en die aanwesigheid van ’n vredesmag. Dit was in werklikheid Kosovo se tweede onafhanklikheidsverklaring. Die eerste is uitgeroep op 7 September 1990, maar is toe slegs deur die buurland Albanië erken. Duitsland, Frankryk, die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State het reeds die nuwe staat erken, terwyl Griekeland, Roemenië, Rusland, Siprus, Slowakye en Spanje dit as onwettig beskou en bang is dit wakker oproer onder hul eie minderheidsgroepe aan. Hierdie lande is nog onseker oor hoe om te reageer. Die Serwiese premier, Vojislav Kostunica, het die onafhanklike Kosovo ’n "onegte" staat genoem wat gestig is in oortreding van internasionale wette. Serwië weier verdere samewerking met Kosovo en wil sy betrekkinge met lande wat die onafhanklikheid erken, heroorweeg. Rusland het die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies vir ’n spoedberaad byeengeroep om die situasie te bespreek. Rusland eis maatreëls van Unmik en die NAVO-troepe om die onafhanklikheid ongedaan te maak. Die sekretaris-generaaal van die VN, Ban Ki-moon, het in ’n verklaring sy besorgdheid uitgespreek en het gevra "dat afgesien word van enige optrede of verklaring wat die vrede in Kosovo en die omliggende gebied in gevaar kan stel, mense kan oprui tot geweld of die veiligheid in gevaar kan stel. Verwysings[wysig | wysig bron] - ( ) "Assembly approves Kosovo anthem", b92.net, 11 Junie 2008. Besoek op 27 Julie 2014. - ( ) "Water percentage in Kosovo (Facts about Kosovo; 2011 Agriculture Statistics)". Kosovo Agency of Statistics, KAS. - ( ) "Demographics of Kosovo (2016)". Geoba.se. Besoek op 10 September 2017. - ( ) "Kosovo". Internasionale Monetêre Fonds. Besoek op 10 September 2017. - ( ) "Kosovo Human Development Report 2014" (PDF). Swiss Cooperation Office Kosovo. 2014. Besoek op 10 September 2017. - ( ) "Distribution of family income – Gini index". The World Factbook. Central Intelligence Agency. Besoek op 10 September 2017. - ( ) International recognitions of the Republic of Kosovo - Indikatorë demografik - ( ) Die Onafhanklikheidsverklaring - ( ) La CIJ considère légale la déclaration d'indépendance du Kosovo Bronne[wysig | wysig bron] - ( ) Malcolm, Noel (1998). Kosovo: A Short History. Macmillan. ISBN 0-333-66612-7. - ( ) Elsie, Robert (2004). Historical Dictionary of Kosova. Scarecrow Press. ISBN 0-8108-5309-4. Verdere leesstof[wysig | wysig bron] - ( Dušan T. Bataković, The Kosovo Chronicles, Plato Books, Belgrado 1992. ) - ( The Serbs and Their National Interest, N. Von Ragenfeld-Feldman & D. T. Bataković (eds.), SUC, San Francisco & Belgrado 1997 ) - ( Kosovo and Metohija. Living in the Enclave, D. T. Bataković (ed.), Institute for Balkan Studies, SASA, Belgrado 2007. ) - ( Dušan T. Bataković, Kosovo. Un conflit sans fin ?, Lausanne, L`Age d`Homme 2008. ) - ( Dušan T. Bataković, Serbia’s Kosovo Drama. A Historical Perspective, Čigoja Štampa, Belgrado 2012. ) Eksterne skakels[wysig | wysig bron] Wikimedia Commons bevat media in verband met Kosovo. | Van Kosovo[wysig | wysig bron] - ( ) Parlement van Kosovo - ( ) Regering van Kosovo - ( ) President van Kosovo - ( ) Eerste Minister van Kosovo Van Serwië[wysig | wysig bron] Internasionale organisasies[wysig | wysig bron] - ( ) VN-missie in Kosovo (Unmik) - ( ) OVCE-missie in Kosovo (OMIK) - ( ) EU-missie in Kosovo (EULEX) - ( ) NAVO-missie in Kosovo (KFOR)
<urn:uuid:aa6fb4be-c885-40e4-9172-cda469bf7a94>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kosovo
2019-07-22T14:14:12Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528037.92/warc/CC-MAIN-20190722133851-20190722155851-00253.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999879
false
Bespreking:Lughawe Parys-Charles de Gaulle Jump to navigation Jump to search Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Lughawe Parys-Charles de Gaulle-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. | Artikelriglyne Daaglikse bladtrekke | |
<urn:uuid:13f372d3-9d83-4143-8502-84795b342282>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Lughawe_Parys-Charles_de_Gaulle
2019-07-17T15:06:55Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525312.3/warc/CC-MAIN-20190717141631-20190717163631-00197.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999965
false
Janice Karman Janice Karman | | Geboortenaam | Janice Felice Karman | ---|---| Geboorte | 21 Mei 1954 | Nasionaliteit | Amerikaans | Kinders | Vanessa (b. 1986) Michael (b. 1990) | Beroep(e) | Aktrise, vervaardiger, en skryfster | Internet-rolprentdatabasis-profiel | Janice Karman (gebore 21 Mei 1954) is 'n Amerikaanse aktrise, vervaardiger, en skryfster. Sy is bekend vir haar rolle in die rolprente The Chipmunk Adventure (1987), Alvin and the Chipmunks (2007), en Alvin and the Chipmunks: Chipwrecked (2011), en in die televisiereeks Alvin & the Chipmunks (1983). Inhoud Filmografie[wysig | wysig bron] Rolprente[wysig | wysig bron] - 1987: The Chipmunk Adventure - 2007: Alvin and the Chipmunks - 2011: Alvin and the Chipmunks: Chipwrecked - 2015: Alvin and the Chipmunks: The Road Chip Televisiereekse[wysig | wysig bron] - 1983: Alvin & the Chipmunks - 2015: Alvinnn!!! And the Chipmunks Televisierolprente[wysig | wysig bron] - 1984: I Love the Chipmunks Valentine Special - 1985: A Chipmunk Reunion - 1986: Alvin Goes Back to School - 1990: The Chipmunks: Rockin' Through the Decades - 1994: Alvin and the Chipmunks: Trick or Treason - 1994: A Chipmunk Celebration - 1995: The Easter Chipmunk Video's[wysig | wysig bron] - 1999: Alvin and the Chipmunks Meet Frankenstein - 2000: Alvin and the Chipmunks Meet the Wolfman - 2003: Little Alvin and the Mini-Munks
<urn:uuid:622fbb4e-7139-4fd2-94f0-f45d101ace09>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Janice_Karman
2019-07-17T15:16:18Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525312.3/warc/CC-MAIN-20190717141631-20190717163631-00197.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.927351
false
Verwante veranderings ← Esra Jump to navigation Jump to search Tik 'n bladsynaam om veranderinge aan bladsye te sien wat daarvan of daarheen skakel. (Om inskrywings van 'n kategorie te sien, tik Kategorie:Naam van kategorie). Veranderinge aan bladsye op u dophoulys word in vetdruk aangedui. Lys van afkortings: - N - Met die wysiging is 'n nuwe bladsy geskep. (sien ook die lys van nuwe bladsye) - k - Hierdie is 'n klein wysiging - b - Hierdie wysiging is deur 'n bot gemaak - D - Wikidata-wysiging - (±123) - Bladsy is met die aantal grepe gewysig 17 Julie 2019 - Genesis; 09:27 -3 Oesjaar →Isak word gebore en Hagar en Ismael vertrekGen. 21:1-21.: Verbeter - Genesis; 09:26 -11 Oesjaar →'n Twis oor waterputteGen. 21:22-34.: Verbeter - Genesis; 09:25 -10 Oesjaar →Die hoogste toets - Abraham moet vir Isak offerGen. 22.: Verbeter - Genesis; 09:24 +6 Oesjaar →GeslagsregisterGen. 5.: Eerste persoon verwyder - Genesis; 09:23 -61 Oesjaar →GeslagsregisterGen. 5.: Verbeter - Genesis; 09:23 +47 Oesjaar →Die dood en begrafnis van SaraGen. 23.: Verbeter - Genesis; 07:18 -6 Hentieger →Die dood en begrafnis van Sara[33] Etiket: Visuele teksverwerker - Genesis; 07:15 +1 684 Hentieger →'n Twis oor waterputte[31] Etiket: Visuele teksverwerker 16 Julie 2019 - Grieks; 17:15 -24 Dmitri Lytov - Genesis; 06:48 +351 Hentieger →Isak word gebore en Hagar en Ismael vertrek[29] Etiket: Visuele teksverwerker - Genesis; 06:37 +641 Hentieger →Isak word gebore en Hagar en Ismael vertrek[30] Etiket: Visuele teksverwerker
<urn:uuid:b4337a1b-747b-4a92-b71e-ff3acbf72a45>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:OnlangseVeranderingsMetSkakels/Esra
2019-07-17T15:03:08Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525312.3/warc/CC-MAIN-20190717141631-20190717163631-00197.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998204
false
Verwante veranderings Jump to navigation Jump to search Tik 'n bladsynaam om veranderinge aan bladsye te sien wat daarvan of daarheen skakel. (Om inskrywings van 'n kategorie te sien, tik Kategorie:Naam van kategorie). Veranderinge aan bladsye op u dophoulys word in vetdruk aangedui. Lys van afkortings: - N - Met die wysiging is 'n nuwe bladsy geskep. (sien ook die lys van nuwe bladsye) - k - Hierdie is 'n klein wysiging - b - Hierdie wysiging is deur 'n bot gemaak - D - Wikidata-wysiging - (±123) - Bladsy is met die aantal grepe gewysig 17 Julie 2019 - Antieke filosofie; 15:18 +449 Sobaka Bygewerk - Antieke filosofie; 13:54 +4 Sobaka →Die bloeitydperk van die antieke filosofie k - Antieke filosofie; 13:54 +1 406 Sobaka →Die bloeitydperk van die antieke filosofie: bygewerk 16 Julie 2019 - Antieke filosofie; 18:32 +1 045 Sobaka →Die bloeitydperk van die antieke filosofie: Bygewerk - Hubert Dreyfus; 05:56 +31 Oesjaar →Verwysings: Verbeter 15 Julie 2019 - Antieke filosofie; 19:55 +15 Sobaka Opruim k - Antieke filosofie; 19:49 +1 087 Sobaka Bygewerk - Antieke filosofie; 19:43 0 Sobaka k - Geskiedenis van die filosofie; 19:34 +3 Sobaka →Antieke filosofie: Skakel k - Antieke filosofie; 19:32 +756 Sobaka →Pre-sokrates: Byvoegings - Antieke filosofie; 19:18 +241 Sobaka →Pre-sokrates: Byvoeging - Antieke filosofie; 19:12 +1 Sobaka →Pre-sokrates k - Antieke filosofie; 19:11 0 Sobaka →Pre-sokrates k - Antieke filosofie; 19:10 +3 866 Sobaka Begin nuwe artikel, nog besig N - François Laruelle; 18:06 +4 Sobaka →Nie-filosofie: Skakel k
<urn:uuid:5da59063-b55a-49ac-882c-f557d1a74d0d>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:OnlangseVeranderingsMetSkakels/Nie-filosofie
2019-07-17T15:30:57Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525312.3/warc/CC-MAIN-20190717141631-20190717163631-00197.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998269
false
waar Jump to navigation Jump to search Inhoud Byvoeglike naamwoord | ---| waar | - In ooreenstemming met die werklikheid; feitelik; eg. - Onwaar; vals. - Is dit waar dat jy geslaag het? Vertalings: waar | ||| ---|---|---|---| Bywoord | || ---|---|---| Stellend | waar | | Vergrotend | || Oortreffend | - Op watter plek. - Waar is die koffie? - Waar het jy die botter gesit? Vertalings: waar | ||| ---|---|---|---| Voegwoord | ---| waar | - Op watter plek.
<urn:uuid:40e474e8-8c22-41dc-9711-e1a056a52c68>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wiktionary.org/wiki/waar
2019-07-18T20:08:28Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525793.19/warc/CC-MAIN-20190718190635-20190718212635-00357.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999158
false
Opel Insignia (Aangestuur vanaf Chevrolet Insignia) Jump to navigation Jump to search Opel Insignia | | Oorsig | | ---|---| Vervaardiger | Opel | Ook genoem | Buick Regal (VSA) Vauxhall Insignia (VK) Holden Insignia (Aust. en N-S.) | Produksie | 2008–tans | Montering | Rüsselsheim, Duitsland | Ontwerper | Mark Adams Malcolm Ward[1] | Bakwerk en onderstel | | Klas | Groot gesinsmotor | Bakstyl | 4-deursedan 5-deurluikrug 5-deur stasiewa | Uitleg | Dwarsgemonteerde voorenjin, voorwieldryf of vierwieldryf | Platform | GM Epsilon II platform | Spesifikasies | | Ratkas | 5-gang semi-outomaties 6-gang handrat 6-gang outomaties | Lengte | 4830 mm | Breedte | 1856 mm | Hoogte | 1498 mm | Massa | 1470-1610 kg | Asafstand | 2737 mm | Plek in geskiedenis | | Voorganger | Opel Vectra | Variante | Chevrolet Malibu | Die Opel Insignia (uit Latyn insigne = embleem/wapen) is 'n groot gesinsmotor ontwerp en vervaardig deur die Duitse motorvervaardiger Opel. Vervaardiging van die Insignia het in 2008 begin ter vervanging van die Vectra en die Signum.[2] Verwysings[wysig | wysig bron] - "Malcolm Ward Appointed Director of Exterior Design". Theautochannel.com. 2009-04-22. Besoek op 2013-12-14. - "New Opel Insignia: New Name for a New Era". General Motors. 2007-11-29. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2008-03-30. Besoek op 2008-04-02. - Aziz, Nick (2008-11-05). "2010 Buick Regal: Insignia-based luxury sedan for China revealed". Leftlane. Besoek op 2009-08-21. - Aziz, Nick (2009-07-20). "Confirmed: Buick Regal coming to America in late 2010". Leftlane. Besoek op 2009-08-21. - Sam McEachern, Opel Returns To Australian Market, This Time Badged As A Holden, 1 Mei 2014, gmauthority.com Opelmodelle | || ---|---|---| Wysig hierdie sjabloon | Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
<urn:uuid:800993ab-5286-47cb-9352-936a7072fb40>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Chevrolet_Insignia
2019-07-21T09:04:18Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526940.0/warc/CC-MAIN-20190721082354-20190721104354-00117.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.970072
false
El Corte Inglés El Corte Inglés | | Tipe | Sociedad Anónima | ---|---| Gestig | 28 Junie 1940 in Madrid, Spanje | Hoofkantoor | Madrid, Spanje | Sleutelpersone | Isidoro Álvarez Álvarez, hoof uitvoerende beampte | Gebied bedien | Spanje en Portugal | Industrie | Handelsbedryf | Produkte | Kleding, skoene, kosmetika, juweliersware, huishoudelike voorwerpe en meubels | Inkomste | €15,8 miljard (2011) | Netto inkomste | €209,99 miljoen (2011) | Webwerf | elcorteingles.eu elcorteingles.es | El Corte Inglés S.A. ("Die Engelse Snit") is 'n Spaanse afdelingswinkelketting wat sy hoofkwartier in Madrid het. Dit is die grootste afdelingswinkelketting in Europa en die vierde grootste ter wêreld, met takke dwarsoor die Iberiese Skiereiland insluitende Portugal asook op die Baleariese en Kanariese Eilande. El Corte Inglés is tans die enigste afdelingswinkelketting in Spanje en het sy sakebelange uitgebrei na ander besigheidsformate, waaronder - Hipercor - hipermarkte - Tiendas de proximidad - supermarkte - Repsol Opencor - kafees by petrolstasies - Sfera - modewinkelketting - Optica 2000 - optiese winkels wat ook gehoorapparate verkoop - Bricor - tuisdekor- en selfdoenwinkels - Viajes El Corte Inglés - reisagentskap - Seguros El Corte Inglés - versekeringsmaatskappy
<urn:uuid:45894acb-5ac4-4095-bd3b-731026e9c092>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/El_Corte_Ingl%C3%A9s
2019-07-21T08:59:34Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526940.0/warc/CC-MAIN-20190721082354-20190721104354-00117.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.996621
false
Bespreking:Mirre Jump to navigation Jump to search Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Mirre-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. | Artikelriglyne Daaglikse bladtrekke | |
<urn:uuid:ef66106e-0d4a-45a1-b7d5-763efe02c63e>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Mirre
2019-07-16T10:29:41Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524522.18/warc/CC-MAIN-20190716095720-20190716121720-00061.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999992
false
Bespreking:Verpleging Jump to navigation Jump to search Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Verpleging-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. | Artikelriglyne Daaglikse bladtrekke | |
<urn:uuid:6bb8f386-bdee-4ce9-8a09-1c86a5c4ebcb>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Verpleging
2019-07-16T10:24:49Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524522.18/warc/CC-MAIN-20190716095720-20190716121720-00061.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999988
false
Afrikaanse speltoetser vir Mozilla Firefox en Thunderbird. Toets die spelling in webvorms maklik. Dit is al van die vroeë weergawes van Firefox en Thunderbird getoets, en word deur duisende mense gebruik. Toets die spelling in webvorms maklik. Dit is al van die vroeë weergawes van Firefox en Thunderbird getoets, en word deur duisende mense gebruik.
<urn:uuid:9fa11f38-f40c-43af-9263-f444e17fca6a>
CC-MAIN-2019-30
https://addons.mozilla.org/fa/firefox/addon/afrikaans-spell-checker/
2019-07-17T15:13:49Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525312.3/warc/CC-MAIN-20190717141631-20190717163631-00221.warc.gz
by-sa
3.0
a_tag
false
true
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ true ], "in_head": [ false ], "location": [ "a_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.9999
false
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018 Чемпионат мира по футболу FIFA 2018 (Tsjempionat mira po foetboloe FIFA 2018) | | ---|---| Toernooi-inligting | | Gasheerland | Rusland | Datums | 14 Junie – 15 Julie | Spanne | 32 (van 5 konfederasies) | Stadions | 12 (in 11 stede) | Finale uitslag | | Kampioene | Frankryk (2 titels) | Tweede plek | Kroasië | Derde plek | België | Vierde plek | Engeland | Toernooi-statistieke | | Wedstryde gespeel | 64 | Doele | 169 (2.64 per wedstryd) | Bywoning | 3 031 768 (47 371 per wedstryd) | Meeste punte | Harry Kane (6 doele) | Beste speler | Luka Modrić[1] | ← 2014 2022 → | Die 21ste FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Russies: Чемпионат мира по футболу FIFA 2018, Tsjempionat mira po foetboloe FIFA 2018, [tɕɪmʲpʲɪɐˈnat ˈmʲirə pə fʊdˈboɫʊ ˈfiːfə dvʲɪˈtɨsʲɪtɕɪ vəsʲɪmˈnatsətʲ]; Engels: FIFA World Cup) is vanaf 14 Junie tot 15 Julie 2018 in Rusland gehou. Dit was die eerste Sokker-Wêreldbekertoernooi wat in Rusland aangebied is en die elfde in Europa; net die stad Jekaterinburg met die Sentrale Stadion is in die Asiatiese deel van dié land (Noord-Asië en Siberië) geleë, waarmee die toernooi vir die eerste keer op twee vastelande gehuisves is: Asië en Europa.[2] Ná die Olimpiese Winterspele 2014 in Sotsji was die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018 die tweede groot sportkompetisie in Rusland. Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017 het as voorbereiding vir die gasheerland gedien. 32 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem. Die spanne is in agt groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die agtste eindrondte deurgedring het. Frankryk wen die trofee nadat hulle Kroasië op 15 Julie in die Loezjnikistadion van Moskou, die Olimpiese stadion van die Olimpiese Somerspele 1980, met 4–2 klop. Frankryk sal outomaties vir die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2021 kwalifiseer, maar net indien dié toernooi nie deur FIFA gekanselleer word nie.[3] Gunstelinge vir die wêreldbeker voor die afskop van die toernooi was Brasilië, Duitsland, Frankryk en Spanje.[4] Die verdedigende kampioen Duitsland is reeds in die groepfase uitgeskakel; dieselfde lot wat voorheen Spanje in 2014, Italië in 2010, Frankryk in 2002 en Brasilië in 1966 geval het, maar vir Duitsland was dit die eerste keer wat hulle nie na die uitklopfase kon deurdring nie.[5] Dit is die vierde agtereenvolgende Sokker-Wêreldbekertoernooi wat deur 'n Europese nasionale sokkerspan gewen is, ná Italië in 2006, Spanje in 2010 en Duitsland in 2014. Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan kon nie vir die toernooi kwalifiseer nie en het dus nie deelgeneem nie. Die nasionale sokkerspanne van Panama en Ysland het vir die eerste keer aan 'n Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem. Inhoud - 1 Toewysing - 2 Kwalifisering - 3 Stadions - 4 Wedstryde - 5 FIFA se ranglys - 6 Verwysings - 7 Eksterne skakels Toewysing[wysig | wysig bron] FIFA het op 19 Desember 2008 in Tokio beslis dat die toernooie van 2018 en 2022 gemeenskaplik toegewys sal word. Volgens FIFA se beleid mag net al om die derde toernooi in dieselfde kontinentale organisasie gehou word. Lande van CAF was dus onverkiesbaar vir 2018, omdat die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 aan Suid-Afrika toegewys was; lande van CONMEBOL was onverkiesbaar vir beide 2018 en 2022, omdat die vorige FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014 aan Brasilië toegewys was.[6] Rusland is op 2 Desember 2010 in Zürich deur die FIFA gekies as die gasheer vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018. Ander kandidaatlande was Engeland, 'n gemeenskaplike kandidatuur deur Nederland en België asook Spanje en Portugal. Gelyktydig is die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2022 aan Katar toegewys. Die stemming het as volg verloop: Stemming vir gasheer van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018[7] | |||||| ---|---|---|---|---|---|---| Land | Rondte 1 | Rondte 2 | |||| Rusland | 9 | 13 | |||| Spanje en Portugal | 7 | 7 | |||| Nederland en België | 4 | 2 | |||| Engeland | 2 | – | Kwalifisering[wysig | wysig bron] Die gasheer Rusland het outomaties vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018 gekwalifiseer. Van die 31 oorblywende plekke is 13 vir nasionale sokkerspanne van UEFA (Europa) gereserveer, vyf vir CAF (Afrika), vier vir CONMEBOL (Suid-Amerika), vier vir AFC (Asië) en drie vir CONCACAF (Karibiese gebied, Noord- en Sentraal-Amerika). Twee plekke is tydens uitspeelwedstryde tussen AFC en CONCACAF asook tussen OFC (Oseanië) en CONMEBOL beslis. Die kontinentale kwalifiseringswedstryde is tussen 12 Maart 2015 en 15 November 2017 beslis. Noemenswaardige lande wat nie kon kwalifiseer nie sluit in die viermalige wêreldbekerwenner Italië en die derde plek van 2014, Nederland. Vier verdedigende kontinentale kampioene kon nie kwalifiseer nie: die Afrikanasiesbeker 2017-wenner Kameroen, die tweemalige Copa América- en FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017-naaswenner Chili, die Oseanië Nasiesbeker 2016-wenner Nieu-Seeland en die CONCACAF se Gouebeker 2017-wenner die Verenigde State. Vir die eerste keer het drie Skandinawiese lande (Denemarke, Swede en Ysland) en vier Arabiese lande (Egipte, Marokko, Saoedi-Arabië en Tunisië) gelyktydig aan 'n Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem.[8] Kwalifiserende spanne[wysig | wysig bron] Die volgende 32 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer: Span | Verskynings by eindstryde | Agtereenvolgende deelnames | Laaste verskyning | Vorige beste prestasie | ---|---|---|---|---| Argentinië | 17de | 12 | 2014 | Kampioen (1978, 1986) | Australië | 5de | 4 | 2014 | Agtste eindrondte (2006) | België | 13de | 2 | 2014 | Vierde plek (1986) | Brasilië | 21ste | 21 | 2014 | Kampioen (1958, 1962, 1970, 1994, 2002) | Colombia | 6de | 2 | 2014 | Kwarteindrondte (2014) | Costa Rica | 5de | 2 | 2014 | Kwarteindrondte (2014) | Denemarke | 5de | 1 | 2010 | Kwarteindrondte (1998) | Duitsland | 19de | 17 | 2014 | Kampioen (1954, 1974, 1990, 2014) | Egipte | 3de | 1 | 1990 | Agtste eindrondte (1934) | Engeland | 15de | 6 | 2014 | Kampioen (1966) | Frankryk | 15de | 6 | 2014 | Kampioen (1998) | Iran | 5de | 2 | 2014 | Groepfase (1978, 1998, 2006, 2014) | Japan | 6de | 6 | 2014 | Agtste eindrondte (2002, 2010) | Kroasië | 5de | 2 | 2014 | Derde plek (1998) | Marokko | 5de | 1 | 1998 | Agtste eindrondte (1986) | Meksiko | 16de | 7 | 2014 | Kwarteindrondte (1970, 1986) | Nigerië | 6de | 3 | 2014 | Agtste eindrondte (1994, 1998, 2014) | Panama | 1ste | 1 | – | Debuut | Peru | 5de | 1 | 1982 | Kwarteindrondte (1970) | Pole | 8ste | 1 | 2006 | Derde plek (1974, 1982) | Portugal | 7de | 5 | 2014 | Derde plek (1966) | Rusland | 11de | 2 | 2014 | Vierde plek (1966) | Saoedi-Arabië | 5de | 1 | 2006 | Agtste eindrondte (1994) | Senegal | 2de | 1 | 2002 | Kwarteindrondte (2002) | Serwië | 12de | 1 | 2010 | Vierde plek (1930, 1962) | Spanje | 15de | 11 | 2014 | Kampioen (2010) | Suid-Korea | 10de | 9 | 2014 | Vierde plek (2002) | Swede | 12de | 1 | 2006 | Naaswenner (1958) | Switserland | 11de | 4 | 2014 | Kwarteindrondte (1934, 1938, 1954) | Tunisië | 5de | 1 | 2006 | Groepfase (1978, 1998, 2002, 2006) | Uruguay | 13de | 3 | 2014 | Kampioen (1930, 1950) | Ysland | 1ste | 1 | – | Debuut | Stadions[wysig | wysig bron] Rusland het die volgende gasheerstede voorgestel: Jaroslawl, Jekaterinburg, Kaliningrad, Kazan, Krasnodar, Moskou, Nizjni Nowgorod, Rostof aan die Don, Samara, Saransk, Sint Petersburg, Sotsji en Wolgograd.[9] Moskou | Sint Petersburg | Sotsji | | ---|---|---|---| Loezjnikistadion | Otkritije-arena (Spartakstadion) | Krestofskistadion (Sint Petersburg-stadion) | Fisht- Olimpiese Stadion (Fishtstadion) | Kapasiteit: 78 011[10] | Kapasiteit: 44 190[11] | Kapasiteit: 64 468[12] | Kapasiteit: 44 287[13] | Samara | Kazan | || Kosmosarena (Samara-arena) | Kazanarena | || Kapasiteit: 41 970[14] | Kapasiteit: 42 873[15] | || Rostof aan die Don | Wolgograd | || Rostofarena | Wolgogradarena | || Kapasiteit: 43 472[16] | Kapasiteit: 43 713[17] | || Nizjni Nowgorod | Saransk | Jekaterinburg | Kaliningrad | Nizjni Nowgorodstadion | Mordowië-arena | Sentrale Stadion (Jekaterinburgarena) | Kaliningradstadion | Kapasiteit: 43 319[18] | Kapasiteit: 41 685[19] | Kapasiteit: 33 061[20] | Kapasiteit: 33 973[21] | Wedstryde[wysig | wysig bron] Die wedstryde was in twee fases opgedeel, naamlik die groepuitdunne en die uitklopfase. Die loting is op 1 Desember 2017 in die Moskouse Kremlin gehou. Groepuitdunne[wysig | wysig bron] 32 spanne het aan die groepuitdunne deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het deurgedring na die tweede rondte (die uitklopfase). Groep A[wysig | wysig bron] Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pnt | ---|---|---|---|---|---|---|---|---| Uruguay | 3 | 3 | 0 | 0 | 5 | 0 | +5 | 9 | Rusland | 3 | 2 | 0 | 1 | 8 | 4 | +4 | 6 | Saoedi-Arabië | 3 | 1 | 0 | 2 | 2 | 7 | –5 | 3 | Egipte | 3 | 0 | 0 | 3 | 2 | 6 | –4 | 0 | 14 Junie 2018 18:00 MSK (UTC+3) | |||| Rusland | 5–0 | Saoedi-Arabië | Loezjnikistadion, Moskou Toeskouers: 78 011 Skeidsregter: Néstor Pitana (Argentinië) | | Gazinski 12' Tsjerisjef 43', 90+1' Dzjoeba 71' Golowin 90+4' | Verslag | 15 Junie 2018 17:00 JEKT (UTC+5) | |||| Egipte | 0–1 | Uruguay | Jekaterinburgarena, Jekaterinburg Toeskouers: 27 015 Skeidsregter: Björn Kuipers (Nederland) | | Verslag | 89' Giménez | 19 Junie 2018 21:00 MSK (UTC+3) | |||| Rusland | 3–1 | Egipte | Sint Petersburgstadion, Sint Petersburg Toeskouers: 64 468 Skeidsregter: Enrique Cáceres (Paraguay) | | Fathy 47' (e.d.) Tsjerisjef 59' Dzjoeba 62' | Verslag | 73' (straf) Salah | 20 Junie 2018 18:00 MSK (UTC+3) | |||| Uruguay | 1–0 | Saoedi-Arabië | Rostofarena, Rostof aan die Don Toeskouers: 42 678 Skeidsregter: Clément Turpin (Frankryk) | | Suárez 23' | Verslag | 25 Junie 2018 18:00 SAMT (UTC+4) | |||| Uruguay | 3–0 | Rusland | Samara-arena, Samara Toeskouers: 41 970 Skeidsregter: Malang Diedhiou (Senegal) | | Suárez 10' Tsjerisjef 23' (e.d.) Cavani 90' | Verslag | 25 Junie 2018 17:00 MSK (UTC+3) | |||| Saoedi-Arabië | 2–1 | Egipte | Wolgogradarena, Wolgograd Toeskouers: 36 823 Skeidsregter: Wilmar Roldán (Colombia) | | Al-Faraj 45+6' (straf) Al-Dawsari 90+5' | Verslag | 22' Salah | Groep B[wysig | wysig bron] Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pnt | ---|---|---|---|---|---|---|---|---| Spanje | 3 | 1 | 2 | 0 | 6 | 5 | +1 | 5 | Portugal | 3 | 1 | 2 | 0 | 5 | 4 | +1 | 5 | Iran | 3 | 1 | 1 | 1 | 2 | 2 | ±0 | 4 | Marokko | 3 | 0 | 1 | 2 | 2 | 4 | –2 | 1 | 15 Junie 2018 18:00 MSK (UTC+3) | |||| Marokko | 0–1 | Iran | Sint Petersburgstadion, Sint Petersburg Toeskouers: 62 548 Skeidsregter: Cüneyt Çakır (Turkye) | | Verslag | 90+5' (e.d.) Bouhaddouz | 15 Junie 2018 21:00 MSK (UTC+3) | |||| Portugal | 3–3 | Spanje | Fishtstadion, Sotsji Toeskouers: 43 866 Skeidsregter: Gianluca Rocchi (Italië) | | Ronaldo 4' (straf), 44', 88' | Verslag | 24', 55' Costa 58' Nacho | 20 Junie 2018 15:00 MSK (UTC+3) | |||| Portugal | 1–0 | Marokko | Loezjnikistadion, Moskou Toeskouers: 78 011 Skeidsregter: Mark Geiger (VSA) | | Ronaldo 4' | Verslag | 20 Junie 2018 21:00 MSK (UTC+3) | |||| Iran | 0–1 | Spanje | Kazanarena, Kazan Toeskouers: 42 718 Skeidsregter: Andrés Cunha (Uruguay) | | Verslag | 54' Costa | 25 Junie 2018 21:00 MSK (UTC+3) | |||| Iran | 1–1 | Portugal | Mordowië-arena, Saransk Toeskouers: 41 685 Skeidsregter: Enrique Cáceres (Paraguay) | | Ansarifard 90+3' (straf) | Verslag | 45' Quaresma | 25 Junie 2018 20:00 KALT (UTC+2) | |||| Spanje | 2–2 | Marokko | Kaliningradstadion, Kaliningrad Toeskouers: 33 973 Skeidsregter: Rawshan Irmatof (Oesbekistan) | | Isco 19' Aspas 90+1' | Verslag | 14' Boutaïb 81' En-Nesyri | Groep C[wysig | wysig bron] Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pnt | ---|---|---|---|---|---|---|---|---| Frankryk | 3 | 2 | 1 | 0 | 3 | 1 | +2 | 7 | Denemarke | 3 | 1 | 2 | 0 | 2 | 1 | +1 | 5 | Peru | 3 | 1 | 0 | 2 | 2 | 2 | ±0 | 3 | Australië | 3 | 0 | 1 | 2 | 2 | 5 | –3 | 1 | 16 Junie 2018 13:00 MSK (UTC+3) | |||| Frankryk | 2–1 | Australië | Kazanarena, Kazan Toeskouers: 41 279 Skeidsregter: Andrés Cunha (Uruguay) | | Griezmann 58' (straf) Behich 81' (e.d.) | Verslag | 62' (straf) Jedinak | 16 Junie 2018 19:00 MSK (UTC+3) | |||| Peru | 0–1 | Denemarke | Mordowië-arena, Saransk Toeskouers: 40 502 Skeidsregter: Bakary Gassama (Gambië) | | Verslag | 59' Poulsen | 21 Junie 2018 16:00 SAMT (UTC+4) | |||| Denemarke | 1–1 | Australië | Samara-arena, Samara Toeskouers: 40 727 Skeidsregter: Antonio Mateu Lahoz (Spanje) | | Eriksen 7' | Verslag | 38' (straf) Jedinak | 21 Junie 2018 20:00 JEKT (UTC+5) | |||| Frankryk | 1–0 | Peru | Jekaterinburgarena, Jekaterinburg Toeskouers: 32 789 Skeidsregter: Mohammed Abdulla Hassan Mohamed (VAE) | | Mbappé 34' | Verslag | 26 Junie 2018 17:00 MSK (UTC+3) | |||| Denemarke | 0–0 | Frankryk | Loezjnikistadion, Moskou Toeskouers: 78 011 Skeidsregter: Sandro Ricci (Brasilië) | | Verslag | 26 Junie 2018 17:00 MSK (UTC+3) | |||| Australië | 0–2 | Peru | Fishtstadion, Sotsji Toeskouers: 44 073 Skeidsregter: Sergei Karasef (Rusland) | | Verslag | 18' Carrillo 50' Guerrero | Groep D[wysig | wysig bron] Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pnt | ---|---|---|---|---|---|---|---|---| Kroasië | 3 | 3 | 0 | 0 | 7 | 1 | +6 | 9 | Argentinië | 3 | 1 | 1 | 1 | 3 | 5 | –2 | 4 | Nigerië | 3 | 1 | 0 | 2 | 3 | 4 | –1 | 3 | Ysland | 3 | 0 | 1 | 2 | 2 | 5 | –3 | 1 | 16 Junie 2018 16:00 MSK (UTC+3) | |||| Argentinië | 1–1 | Ysland | Spartakstadion, Moskou Toeskouers: 44 190 Skeidsregter: Szymon Marciniak (Pole) | | Agüero 19' | Verslag | 23' Finnbogason | 16 Junie 2018 21:00 KALT (UTC+2) | |||| Kroasië | 2–0 | Nigerië | Kaliningradstadion, Kaliningrad Toeskouers: 31 136 Skeidsregter: Sandro Ricci (Brasilië) | | Etebo 32' (e.d.) Modrić 71' (straf) | Verslag | 21 Junie 2018 21:00 MSK (UTC+3) | |||| Argentinië | 0–3 | Kroasië | Nizjni Nowgorodstadion, Nizjni Nowgorod Toeskouers: 43 319 Skeidsregter: Rawshan Irmatof (Oesbekistan) | | Verslag | 53' Rebić 80' Modrić 90+1' Rakitić | 22 Junie 2018 18:00 MSK (UTC+3) | |||| Nigerië | 2–0 | Ysland | Wolgogradarena, Wolgograd Toeskouers: 40 904 Skeidsregter: Matthew Conger (Nieu-Seeland) | | Musa 49', 75' | Verslag | 26 Junie 2018 21:00 MSK (UTC+3) | |||| Nigerië | 1–2 | Argentinië | Sint Petersburgstadion, Sint Petersburg Toeskouers: 64 468 Skeidsregter: Cüneyt Çakır (Turkye) | | Moses 51' (straf) | Verslag | 14' Messi 86' Rojo | 26 Junie 2018 21:00 MSK (UTC+3) | |||| Ysland | 1–2 | Kroasië | Rostofarena, Rostof aan die Don Toeskouers: 43 472 Skeidsregter: Antonio Mateu Lahoz (Spanje) | | G. Sigurðsson 76' (straf) | Verslag | 53' Badelj 90' Perišić | Groep E[wysig | wysig bron] Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pnt | ---|---|---|---|---|---|---|---|---| Brasilië | 3 | 2 | 1 | 0 | 5 | 1 | +4 | 7 | Switserland | 3 | 1 | 2 | 0 | 5 | 4 | +1 | 5 | Serwië | 3 | 1 | 0 | 2 | 2 | 4 | –2 | 3 | Costa Rica | 3 | 0 | 1 | 2 | 2 | 5 | –3 | 1 | 17 Junie 2018 16:00 SAMT (UTC+4) | |||| Costa Rica | 0–1 | Serwië | Samara-arena, Samara Toeskouers: 41 432 Skeidsregter: Malang Diedhiou (Senegal) | | Verslag | 56' Kolarof | 17 Junie 2018 21:00 MSK (UTC+3) | |||| Brasilië | 1–1 | Switserland | Rostofarena, Rostof aan die Don Toeskouers: 43 109 Skeidsregter: César Arturo Ramos (Meksiko) | | Coutinho 20' | Verslag | 50' Zuber | 22 Junie 2018 15:00 MSK (UTC+3) | |||| Brasilië | 2–0 | Costa Rica | Sint Petersburgstadion, Sint Petersburg Toeskouers: 64 468 Skeidsregter: Björn Kuipers (Nederland) | | Coutinho 90+1' Neymar 90+7' | Verslag | 22 Junie 2018 20:00 KALT (UTC+2) | |||| Serwië | 1–2 | Switserland | Kaliningradstadion, Kaliningrad Toeskouers: 33 167 Skeidsregter: Felix Brych (Duitsland) | | Mitrović 5' | Verslag | 52' Xhaka 90' Shaqiri | 27 Junie 2018 21:00 MSK (UTC+3) | |||| Serwië | 0–2 | Brasilië | Spartakstadion, Moskou Toeskouers: 44 190 Skeidsregter: Alireza Faghani (Iran) | | Verslag | 36' Paulinho 68' Silva | 27 Junie 2018 21:00 MSK (UTC+3) | |||| Switserland | 2–2 | Costa Rica | Nizjni Nowgorodstadion, Nizjni Nowgorod Toeskouers: 43 319 Skeidsregter: Clément Turpin (Frankryk) | | Džemaili 31' Drmić 88' | Verslag | 56' Waston 90+3' (straf) Sommer | Groep F[wysig | wysig bron] Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pnt | ---|---|---|---|---|---|---|---|---| Swede | 3 | 2 | 0 | 1 | 5 | 2 | +3 | 6 | Meksiko | 3 | 2 | 0 | 1 | 3 | 4 | –1 | 6 | Suid-Korea | 3 | 1 | 0 | 2 | 3 | 3 | ±0 | 3 | Duitsland | 3 | 1 | 0 | 2 | 2 | 4 | –2 | 3 | 17 Junie 2018 18:00 MSK (UTC+3) | |||| Duitsland | 0–1 | Meksiko | Loezjnikistadion, Moskou Toeskouers: 78 011 Skeidsregter: Alireza Faghani (Iran) | | Verslag | 35' Lozano | 18 Junie 2018 15:00 MSK (UTC+3) | |||| Swede | 1–0 | Suid-Korea | Nizjni Nowgorodstadion, Nizjni Nowgorod Toeskouers: 42 300 Skeidsregter: Joel Aguilar (El Salvador) | | Granqvist 65' (straf) | Verslag | 23 Junie 2018 18:00 MSK (UTC+3) | |||| Suid-Korea | 1–2 | Meksiko | Rostofarena, Rostof aan die Don Toeskouers: 43 472 Skeidsregter: Milorad Mažić (Serwië) | | Son Heung-min 90+3' | Verslag | 26' (straf) Vela 66' Hernández | 23 Junie 2018 21:00 MSK (UTC+3) | |||| Duitsland | 2–1 | Swede | Fishtstadion, Sotsji Toeskouers: 44 287 Skeidsregter: Szymon Marciniak (Pole) | | Reus 48' Kroos 90+5' | Verslag | 32' Toivonen | 27 Junie 2018 17:00 MSK (UTC+3) | |||| Suid-Korea | 2–0 | Duitsland | Kazanarena, Kazan Toeskouers: 41 835 Skeidsregter: Mark Geiger (VSA) | | Kim Young-gwon 90+3' Son Heung-min 90+6' | Verslag | 27 Junie 2018 19:00 YEKT (UTC+5) | |||| Meksiko | 0–3 | Swede | Jekaterinburgarena, Jekaterinburg Toeskouers: 33 061 Skeidsregter: Néstor Pitana (Argentinië) | | Verslag | 50' Augustinsson 62' (straf) Granqvist 74' (e.d.) Álvarez | Groep G[wysig | wysig bron] Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pnt | ---|---|---|---|---|---|---|---|---| België | 3 | 3 | 0 | 0 | 9 | 2 | +7 | 9 | Engeland | 3 | 2 | 0 | 1 | 8 | 3 | +5 | 6 | Tunisië | 3 | 1 | 0 | 2 | 5 | 8 | –3 | 3 | Panama | 3 | 0 | 0 | 3 | 2 | 11 | –9 | 0 | 18 Junie 2018 18:00 MSK (UTC+3) | |||| België | 3–0 | Panama | Fishtstadion, Sotsji Toeskouers: 43 257 Skeidsregter: Janny Sikazwe (Zambië) | | Mertens 47' Lukaku 69', 75' | Verslag | 18 Junie 2018 21:00 MSK (UTC+3) | |||| Tunisië | 1–2 | Engeland | Wolgogradarena, Wolgograd Toeskouers: 41 064 Skeidsregter: Wilmar Roldán (Colombia) | | Sassi 35' (straf) | Verslag | 11', 90+1' Kane | 23 Junie 2018 15:00 MSK (UTC+3) | |||| België | 5–2 | Tunisië | Spartakstadion, Moskou Toeskouers: 44 190 Skeidsregter: Jair Marrufo (VSA) | | E. Hazard 6' (straf), 51' Lukaku 16', 45+3' Batshuayi 90' | Verslag | 18' Bronn 90+3' Khazri | 24 Junie 2018 15:00 MSK (UTC+3) | |||| Engeland | 6–1 | Panama | Nizjni Nowgorodstadion, Nizjni Nowgorod Toeskouers: 43 319 Skeidsregter: Gehad Grisha (Egipte) | | Stones 8', 40' Kane 22' (straf), 45+1' (straf), 62' Lingard 36' | Verslag | 78' Baloy | 28 Junie 2018 20:00 KALT (UTC+2) | |||| Engeland | 0–1 | België | Kaliningradstadion, Kaliningrad Toeskouers: 33 973 Skeidsregter: Damir Skomina (Slowenië) | | Verslag | 51' Januzaj | 28 Junie 2018 21:00 MSK (UTC+3) | |||| Panama | 1–2 | Tunisië | Mordowië-arena, Saransk Toeskouers: 37 168 Skeidsregter: Nawaf Shukralla (Bahrein) | | Meriah 33' (e.d.) | Verslag | 51' F. Ben Youssef 66' Khazri | Groep H[wysig | wysig bron] Land | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pnt | ---|---|---|---|---|---|---|---|---| Colombia | 3 | 2 | 0 | 1 | 5 | 2 | +3 | 6 | Japan | 3 | 1 | 1 | 1 | 4 | 4 | ±0 | 4 | Senegal | 3 | 1 | 1 | 1 | 4 | 4 | ±0 | 4 | Pole | 3 | 1 | 0 | 2 | 2 | 5 | –3 | 3 | 19 Junie 2018 15:00 MSK (UTC+3) | |||| Colombia | 1–2 | Japan | Mordowië-arena, Saransk Toeskouers: 40 842 Skeidsregter: Damir Skomina (Slowenië) | | Quintero 39' | Verslag | 6' (straf) Kagawa 73' Osako | 19 Junie 2018 18:00 MSK (UTC+3) | |||| Pole | 1–2 | Senegal | Spartakstadion, Moskou Toeskouers: 44 190 Skeidsregter: Nawaf Shukralla (Bahrein) | | Krychowiak 86' | Verslag | 37' (e.d.) Cionek 60' Niang | 24 Junie 2018 20:00 YEKT (UTC+5) | |||| Japan | 2–2 | Senegal | Jekaterinburgarena, Jekaterinburg Toeskouers: 32 572 Skeidsregter: Gianluca Rocchi (Italië) | | Inui 34' Honda 78' | Verslag | 11' Mané 71' Wagué | 24 Junie 2018 21:00 MSK (UTC+3) | |||| Pole | 0–3 | Colombia | Kazanarena, Kazan Toeskouers: 42 873 Skeidsregter: César Arturo Ramos (Meksiko) | | Verslag | 40' Mina 70' Falcao 75' Ju. Cuadrado | 28 Junie 2018 17:00 MSK (UTC+3) | |||| Japan | 0–1 | Pole | Wolgogradarena, Wolgograd Toeskouers: 42 189 Skeidsregter: Janny Sikazwe (Zambië) | | Verslag | 59' Bednarek | 28 Junie 2018 18:00 SAMT (UTC+4) | |||| Senegal | 0–1 | Colombia | Samara-arena, Samara Toeskouers: 41 970 Skeidsregter: Milorad Mažić (Serwië) | | Verslag | 74' Mina | Uitklopfase[wysig | wysig bron] Agtste eindrondte | Kwarteindrondte | Halfeindrondte | Eindstryd | ||||||||||| 30 Junie – Sotsji | |||||||||||||| Uruguay | 2 | ||||||||||||| 6 Julie – Nizjni Nowgorod | |||||||||||||| Portugal | 1 | ||||||||||||| Uruguay | 0 | ||||||||||||| 30 Junie – Kazan | |||||||||||||| Frankryk | 2 | ||||||||||||| Frankryk | 4 | ||||||||||||| 10 Julie – Sint Petersburg | |||||||||||||| Argentinië | 3 | ||||||||||||| Frankryk | 1 | ||||||||||||| 2 Julie – Samara | |||||||||||||| België | 0 | ||||||||||||| Brasilië | 2 | ||||||||||||| 6 Julie – Kazan | |||||||||||||| Meksiko | 0 | ||||||||||||| Brasilië | 1 | ||||||||||||| 2 Julie – Rostof aan die Don | |||||||||||||| België | 2 | ||||||||||||| België | 3 | ||||||||||||| 15 Julie – Moskou (Loezjniki) | |||||||||||||| Japan | 2 | ||||||||||||| Frankryk | 4 | ||||||||||||| 1 Julie – Moskou (Loezjniki) | |||||||||||||| Kroasië | 2 | ||||||||||||| Spanje | 1 (3) | ||||||||||||| 7 Julie – Sotsji | |||||||||||||| Rusland | 1 (4) | Rusland | 2 (3) | ||||||||||||| 1 Julie – Nizjni Nowgorod | |||||||||||||| Kroasië | 2 (4) | Kroasië | 1 (3) | ||||||||||||| 11 Julie – Moskou (Loezjniki) | |||||||||||||| Denemarke | 1 (2) | Kroasië | 2 | ||||||||||||| 3 Julie – Sint Petersburg | |||||||||||||| Engeland | 1 | derde plek | |||||||||||| Swede | 1 | ||||||||||||| 7 Julie – Samara | 14 Julie – Sint Petersburg | ||||||||||||| Switserland | 0 | ||||||||||||| Swede | 0 | België | 2 | ||||||||||| 3 Julie – Moskou (Spartak) | |||||||||||||| Engeland | 2 | Engeland | 0 | ||||||||||| Colombia | 1 (3) | ||||||||||||| Engeland | 1 (4) | Agtste eindrondte[wysig | wysig bron] 30 Junie 2018 17:00 MSK (UTC+3) | |||| Frankryk | 4–3 | Argentinië | Kazanarena, Kazan Toeskouers: 42 873 Skeidsregter: Alireza Faghani (Iran) | | Griezmann 13' (straf) Pavard 57' Mbappé 64', 68' | Verslag | 41' Di María 48' Mercado 90+3' Agüero | 30 Junie 2018 21:00 MSK (UTC+3) | |||| Uruguay | 2–1 | Portugal | Fishtstadion, Sotsji Toeskouers: 44 287 Skeidsregter: César Arturo Ramos (Meksiko) | | Cavani 7', 62' | Verslag | 55' Pepe | 1 Julie 2018 17:00 MSK (UTC+3) | |||| Spanje | 1–1 (e.t.) | Rusland | Loezjnikistadion, Moskou Toeskouers: 78 011 Skeidsregter: Björn Kuipers (Nederland) | | Ignasjewitsj 12' (e.d.) Strafskoppe Iniesta Piqué Koke Ramos Aspas | Verslag Strafskoppe 3–4 | 41' (straf) Dzjoeba Strafskoppe Smolof Ignasjewitsj Golowin Tsjerisjef | 1 Julie 2018 21:00 MSK (UTC+3) | |||| Kroasië | 1–1 (e.t.) | Denemarke | Nizjni Nowgorodstadion, Nizjni Nowgorod Toeskouers: 40 851 Skeidsregter: Néstor Pitana (Argentinië) | | Mandžukić 4' Strafskoppe Badelj Kramarić Modrić Pivarić Rakitić | Verslag Strafskoppe 3–2 | 1' M. Jørgensen Strafskoppe Eriksen Kjær Krohn-Dehli Schöne N. Jørgensen | 2 Julie 2018 18:00 SAMT (UTC+4) | |||| Brasilië | 2–0 | Meksiko | Samara-arena, Samara Toeskouers: 41 970 Skeidsregter: Gianluca Rocchi (Italië) | | Neymar 51' Firmino 88' | Verslag | 2 Julie 2018 21:00 MSK (UTC+3) | |||| België | 3–2 | Japan | Rostofarena, Rostof aan die Don Toeskouers: 41 466 Skeidsregter: Malang Diedhiou (Senegal) | | Vertonghen 69' Fellaini 74' Chadli 90+4' | Verslag | 48' Haraguchi 52' Inui | 3 Julie 2018 17:00 MSK (UTC+3) | |||| Swede | 1–0 | Switserland | Sint Petersburgstadion, Sint Petersburg Toeskouers: 64 042 Skeidsregter: Damir Skomina (Slowenië) | | Forsberg 66' | Verslag | 3 Julie 2018 21:00 MSK (UTC+3) | |||| Colombia | 1–1 (e.t.) | Engeland | Spartakstadion, Moskou Toeskouers: 44 190 Skeidsregter: Mark Geiger (VSA) | | Mina 90+3' Strafskoppe Falcao Ju. Cuadrado Muriel Uribe Bacca | Verslag Strafskoppe 3–4 | 57' (straf) Kane Strafskoppe Kane Rashford Henderson Trippier Dier | Kwarteindrondte[wysig | wysig bron] 6 Julie 2018 17:00 MSK (UTC+3) | |||| Uruguay | 0–2 | Frankryk | Nizjni Nowgorodstadion, Nizjni Nowgorod Toeskouers: 43 319 Skeidsregter: Néstor Pitana (Argentinië) | | Verslag | 40' Varane 61' Griezmann | 6 Julie 2018 21:00 MSK (UTC+3) | |||| Brasilië | 1–2 | België | Kazanarena, Kazan Toeskouers: 42 873 Skeidsregter: Milorad Mažić (Serwië) | | Augusto 76' | Verslag | 13' (e.d.) Fernandinho 31' De Bruyne | 7 Julie 2018 18:00 SAMT (UTC+4) | |||| Swede | 0–2 | Engeland | Samara-arena, Samara Toeskouers: 39 991 Skeidsregter: Björn Kuipers (Nederland) | | Verslag | 30' Maguire 59' Alli | 7 Julie 2018 21:00 MSK (UTC+3) | |||| Rusland | 2–2 (e.t.) | Kroasië | Fishtstadion, Sotsji Toeskouers: 44 287 Skeidsregter: Sandro Ricci (Brasilië) | | Tsjerisjef 31' Fernandes 115' Strafskoppe Smolof Dzagoef Fernandes Ignasjewitsj Koezjajef | Verslag Strafskoppe 3–4 | 39' Kramarić 101' Vida Strafskoppe Brozović Kovačić Modrić Vida Rakitić | Halfeindrondte[wysig | wysig bron] 10 Julie 2018 21:00 MSK (UTC+3) | |||| Frankryk | 1–0 | België | Sint Petersburgstadion, Sint Petersburg Toeskouers: 64 286 Skeidsregter: Andrés Cunha (Uruguay) | | Umtiti 51' | Verslag | 11 Julie 2018 21:00 MSK (UTC+3) | |||| Kroasië | 2–1 (e.t.) | Engeland | Loezjnikistadion, Moskou Toeskouers: 78 011 Skeidsregter: Cüneyt Çakır (Turkye) | | Perišić 68' Mandžukić 109' | Verslag | 5' Trippier | Klein finale (om die derde plek)[wysig | wysig bron] 14 Julie 2018 17:00 MSK (UTC+3) | |||| België | 2–0 | Engeland | Sint Petersburgstadion, Sint Petersburg Toeskouers: 64 406 Skeidsregter: Alireza Faghani (Iran) | | Meunier 4' E. Hazard 82' | Verslag | Eindstryd[wysig | wysig bron] 15 Julie 2018 18:00 MSK (UTC+3) | |||| Frankryk | 4–2 | Kroasië | Loezjnikistadion, Moskou Toeskouers: 78 011 Skeidsregter: Néstor Pitana (Argentinië) | | Mandžukić 18' (e.d.) Griezmann 38' (straf) Pogba 59' Mbappé 65' | Verslag | 28' Perišić 69' Mandžukić | 2018 Wêreldkampioen | ---| Frankryk | FIFA se ranglys[wysig | wysig bron] Na die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018 het FIFA 'n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne geranglys is volgens vordering in die kompetisie, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[22][23] Die ranglys vir die 2018-toernooi is soos gevolg: Rang | Span | Groep | Wed | Wen | Gel | Ver | DV | DT | +/– | Pnt | ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| 1 | Frankryk | C | 7 | 6 | 1 | 0 | 14 | 6 | +8 | 19 | 2 | Kroasië | D | 7 | 4 | 2 | 1 | 14 | 9 | +5 | 14 | 3 | België | G | 7 | 6 | 0 | 1 | 16 | 6 | +10 | 18 | 4 | Engeland | G | 7 | 3 | 1 | 3 | 12 | 8 | +4 | 10 | In die kwarteindrondte uitgeskakel | |||||||||| 5 | Uruguay | A | 5 | 4 | 0 | 1 | 7 | 3 | +4 | 12 | 6 | Brasilië | E | 5 | 3 | 1 | 1 | 8 | 3 | +5 | 10 | 7 | Swede | F | 5 | 3 | 0 | 2 | 6 | 4 | +2 | 9 | 8 | Rusland | A | 5 | 2 | 2 | 1 | 11 | 7 | +4 | 8 | In die agtste eindrondte uitgeskakel | |||||||||| 9 | Colombia | H | 4 | 2 | 1 | 1 | 6 | 3 | +3 | 7 | 10 | Spanje | B | 4 | 1 | 3 | 0 | 7 | 6 | +1 | 6 | 11 | Denemarke | C | 4 | 1 | 3 | 0 | 3 | 2 | +1 | 6 | 12 | Meksiko | F | 4 | 2 | 0 | 2 | 3 | 6 | –3 | 6 | 13 | Portugal | B | 4 | 1 | 2 | 1 | 6 | 6 | ±0 | 5 | 14 | Switserland | E | 4 | 1 | 2 | 1 | 5 | 5 | ±0 | 5 | 15 | Japan | H | 4 | 1 | 1 | 2 | 6 | 7 | −1 | 4 | 16 | Argentinië | D | 4 | 1 | 1 | 2 | 6 | 9 | −3 | 4 | In die groepfase uitgeskakel | |||||||||| 17 | Senegal | H | 3 | 1 | 1 | 1 | 4 | 4 | ±0 | 4 | 18 | Iran | B | 3 | 1 | 1 | 1 | 2 | 2 | ±0 | 4 | 19 | Suid-Korea | F | 3 | 1 | 0 | 2 | 3 | 3 | ±0 | 3 | 20 | Peru | C | 3 | 1 | 0 | 2 | 2 | 2 | ±0 | 3 | 21 | Nigerië | D | 3 | 1 | 0 | 2 | 3 | 4 | –1 | 3 | 22 | Duitsland | F | 3 | 1 | 0 | 2 | 2 | 4 | –2 | 3 | Serwië | E | 3 | 1 | 0 | 2 | 2 | 4 | −2 | 3 | | 24 | Pole | H | 3 | 1 | 0 | 2 | 2 | 5 | –3 | 3 | 25 | Tunisië | G | 3 | 1 | 0 | 2 | 5 | 8 | −3 | 3 | 26 | Saoedi-Arabië | A | 3 | 1 | 0 | 2 | 2 | 7 | −5 | 3 | 27 | Marokko | B | 3 | 0 | 1 | 2 | 2 | 4 | −2 | 1 | 28 | Australië | C | 3 | 0 | 1 | 2 | 2 | 5 | −3 | 1 | Costa Rica | E | 3 | 0 | 1 | 2 | 2 | 5 | −3 | 1 | | Ysland | D | 3 | 0 | 1 | 2 | 2 | 5 | −3 | 1 | | 31 | Egipte | A | 3 | 0 | 0 | 3 | 2 | 6 | −4 | 0 | 32 | Panama | G | 3 | 0 | 0 | 3 | 2 | 11 | −9 | 0 | Verwysings[wysig | wysig bron] - ( ) "Golden consolation for magical Modric". FIFA. 15 Julie 2018. Besoek op 20 Augustus 2018. - ( Vyatchanin, Nikita (14 Junie 2018). ) "В России стартовал чемпионат мира по футболу". pnp.ru. Besoek op 20 Augustus 2018. - ( ) "FIFA's Confederations Cup has uncertain future after Russia". FOX Sports. 9 Junie 2017. Besoek op 20 Augustus 2018. - ( ) "2018 FIFA World Cup Russia™ – News – The favourites in focus – FIFA.com". FIFA. 10 Junie 2018. Besoek op 20 Augustus 2018. - ( ) "Germany out of tournament after losing to South Korea". BBC. Besoek op 20 Augustus 2018. - ( ) "Fifa abandons World Cup rotation". BBC. 29 Oktober 2007. Besoek op 20 Augustus 2018. - ( ) "FIFA World Cup™ host announcement decision" (PDF). FIFA. Besoek op 20 Augustus 2018. - ( ) "In first, 4 Arab countries qualify for FIFA World Cup Finals". The Times of Israel. 12 November 2017. Besoek op 20 Augustus 2018. - ( ) "2018 FIFA World Cup Bid Evaluation Report: Russia" (PDF). FIFA. Besoek op 20 Augustus 2018. - ( ) "Luzhniki Stadium". FIFA. Besoek op 20 Augustus 2018. - ( ) "Spartak Stadium". FIFA. Besoek op 20 Augustus 2018. - ( ) "Saint Petersburg Stadium". FIFA. Besoek op 20 Augustus 2018. - ( ) "Fisht Stadium". FIFA. Besoek op 20 Augustus 2018. - ( ) "Samara Arena". FIFA. Besoek op 20 Augustus 2018. - ( ) "Kazan Arena". FIFA. Besoek op 20 Augustus 2018. - ( ) "Rostov Arena". FIFA. Besoek op 20 Augustus 2018. - ( ) "Volgograd Arena". FIFA. Besoek op 20 Augustus 2018. - ( ) "Nizhny Novgorod Stadium". FIFA. Besoek op 20 Augustus 2018. - ( ) "Mordovia Arena". FIFA. Besoek op 20 Augustus 2018. - ( ) "Ekaterinburg Arena". FIFA. Besoek op 20 Augustus 2018. - ( ) "Kaliningrad Stadium". FIFA. Besoek op 20 Augustus 2018. - ( ) "page 45" (PDF). Besoek op 20 Augustus 2018. - ( ) "FIFA World Cup: Milestones, facts & figures. Statistical Kit 7" (PDF). FIFA. 26 Maart 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 21 Mei 2013. Eksterne skakels[wysig | wysig bron] Wikimedia Commons bevat media in verband met FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018. | - ( ) Amptelike webwerf - ( ) fifa.com: When the holders faced heroic Harry - ( ) worldcup-history.com: Russia, 2018
<urn:uuid:e5602121-d1d4-4516-b89b-caab5667f3e8>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/FIFA_Sokker-W%C3%AAreldbekertoernooi_in_2018
2019-07-17T15:04:52Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525312.3/warc/CC-MAIN-20190717141631-20190717163631-00221.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.950015
false
Royal Natal Nasionale Park Die Royal Natal Nasionale Park in die noordelike Drakensberg van KwaZulu-Natal, is 8 000 hektaar groot en grens aan Lesotho en die Vrystaat. Die reservaat is in 1916 geproklameer en is 46 km wes van Bergville geleë. Royal Natal Nasionale Park | | ---|---| Land | Suid-Afrika | Provinsie | KwaZulu-Natal | Naaste dorp | Bergville | Koördinate: Koördinate: | | Oppervlak | 8 000 ha | Openingsjaar | 1916 |
<urn:uuid:f3018d68-8839-4f51-b981-7a8b3558397c>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Royal_Natal_Nasionale_Park
2019-07-21T08:29:40Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526940.0/warc/CC-MAIN-20190721082354-20190721104354-00165.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998054
false
Bronstydperk Die Bronstydperk is 'n tyd in die geskiedenis wat daardeur gekenmerk word dat die mens met koper- en bronswerktuie begin werk het, eerder as klipwerktuie. Beskawings het begin vorm, mense het in stede begin saamwoon en skrif het as kommunikasiemiddel begin ontwikkel. Groot beskawings van die Bronstydperk[wysig | wysig bron] - Sumeries 3400 v.C. - Egipties 3050 - 322 v.C. - Minoïes 2500 - 1400 v.C. - Indus 2600 - 2000 v.C. - Hetities 1750 - 1200 v.C. - Babilonies 1782 - 1595 v.C. - Shang-Chinees 1600 - 1027 v.C. - Miceens 1500 - 1300 v.C. - Zhou-Chinees 1027 - 256 v.C. - Fenisies 1000 - 574 v.C. - Olmek 1000 - 600 v.C. - Chavin 1000 - 200 v.C. - Etruskies 900 - 100 v.C. - Assiries 883 - 612 v.C. Sien bronstyd in Wiktionary, die vrye woordeboek. |
<urn:uuid:e947a2db-9afd-48fb-8b9f-73d05ec4f549>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bronstydperk
2019-07-17T15:07:59Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525312.3/warc/CC-MAIN-20190717141631-20190717163631-00269.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999941
false
Delawarerivier Die Delawarerivier is een van die grootste rivier in noordoos Amerika. Die rivier is 450 km lank (uitgesluit die strandmeer en baai) en kronkel deur verskeie deelstate. Die rivier mond uit in Delawarebaai; dié is ongeveer 89 km lank en 20 km wyd. Die rivier ontspring as twee sytakke in die Catskillberge in die deelstaat New York naamlik die West Branch en die East Branch. Beide vloei parrallel suidwes deur Delaware County, New York. By 'n dorpie genaamd Deposit, New York draai die West Branch skerp 90 grade in 'n suidoostelike rigting en die East Branch vloei by Hancock in die West Branch in. Hiervandaan staan die rivier bekend as die Delawarerivier. Die rivier vloei nou suidoos as die grens tussen New York en Pennsylvania. Port Jervis, New Jersey is 'n plek waar die drie deelstate, New York, New Jersey en Pennsylvania se grense bymekaar kom. Hier maak die rivier nog 'n reghoekige draai en vloei nou suidwes en vorm nou die grens tussen Pennsylvania en New Jersey. Naby Stroudsburg, Pennsylvania, draai die rivier weereens suidoos en sny deur die Kittatinny Berge in wat as die Delaware Water Gap bekend staan. Net suid van Trenton, New Jersey swaai die rivier weereens suidwes en mond uit in Delawarebaai. Delawarerivier | | ---|---| Oorsprong | Saamvloei van die West Branch en East Branch | Monding | Delaware Bay, Delaware en New Jersey Atlantiese Oseaan | Stroomgebied | New York, Pennsilvanië, New Jersey, Delaware | Lengte | 484 km (301 myl) | Oorspronghoogte | 268 m (880 voet) | Mondinghoogte | 0 m (0 voet) | Gemiddelde afloop | 371 m³/s (13 100 ft³/s) | Stroomgebiedopp. | 36 568 km² (14 119 myl²) | Die rivier het 'n groot rol gespeel in die geskiedenis van die Verenigde State. Op 25 Desember 1776 het George Washington sy beroemde kruising van die rivier gemaak om die Britse Mag te verslaan in die Slag van Trenton. Dorpe wat langs die rivier geleë isWysig BronWysig - Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 8, Bladsy 62.
<urn:uuid:2db28043-b14a-4f71-8710-66670e4865c8>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Delawarerivier
2019-07-21T09:14:17Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526940.0/warc/CC-MAIN-20190721082354-20190721104354-00189.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99962
false
Bladsygeskiedenis 6 April 2019 6 September 2018 11 Januarie 2017 20 April 2015 17 Januarie 2014 31 Desember 2013 5 Desember 2013 18 Oktober 2013 3 Oktober 2013 17 Julie 2013 14 Julie 2013 2 Julie 2013 1 Julie 2013 17 Junie 2013 14 Junie 2013 26 April 2013 7 Maart 2013 Bot: Migrating 135 interwiki links, now provided by [[d:|Wikidata]] on d:q7644 (translate me) k-1 975
<urn:uuid:2ace241f-04ed-4489-8e9a-4a6e4834eba6>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Geskiedenis/1847
2019-07-21T08:27:25Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526940.0/warc/CC-MAIN-20190721082354-20190721104354-00189.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.872668
false
Wikipedia:Bladsyverwydering Hierdie bladsy is vir voorstelle vir bladsy- en beeldverwydering en bespreking daarvan. Artikels word vir 'n periode van twee weke hier gedebatteer. Die konsensus van die gemeenskap word op die 15de dag uitgevoer. Indien geen konsensus bereik is nie, word die artikels gehou. Sien asseblief die Afrikaanse verwyderingsbeleid of die Engelse riglyne vir probleme wat nie verwydering verg nie en hoe om hulle op te los. Hoe om 'n bladsy vir verwydering te nomineerWysig - Plaas die sjabloon {{Verwyderingskandidaat}} bo-aan die genomineerde bladsy. - Vir die nominering van sjablone: om die afbeelding van sjablone nie te affekteer nie, plaas die kennisgewing tussen noinclude-hakies, soos dit: <noinclude>{{verwyderingskandidaat}}</noinclude>. - Noem in u wysigingsopsomming dat die bladsy vir verwydering genomineer is. - Voeg die bladsy hier by - Voeg die rede vir die nominasie by. Die proses van nominasie is nie 'n geval van "die meerderheid wen" nie. Dit is teoreties gesproke moontlik dat die meerderheid gebruikers stem om 'n artikel te behou, terwyl dit moontlik 'n voorbeeld van oorspronklike navorsing is. In so 'n geval geniet die beleid voorkeur bo die gebruikers. Daar word egter altyd gepoog om konsensus te bereik deur die probleme van die betrokke artikel of beeld te bespreek. Dit is ook belangrik om te noem indien 'n artikel of beeld nie 'n spesifieke beleid in ag neem nie. Sodoende kan persone wat teen die nominasie gekant is die gemelde probleme hersien en poog om dit op te klaar, indien moontlik. Persone wat teen nominasies gekant is of die nominasies ondersteun, moet ook hulle teenkantings/ondersteunings met duidelik bewoorde redes voorsien. Gebruikers is welkom om die volgende sjablone te gebruik: - {{verwyder}} ( Verwyder) - {{hou}} ( Hou) - {{neutraal}} ( Neutraal) - {{kommentaar}} ( Kommentaar) - {{vraag}} ( Vraag) - {{skrapdatum}} Sperdatum: | ---| xx xxxx 20xx | En administrateurs by uitvoering: - {{uitgevoer}} ( Uitgevoer) Betwisting van 'n verwyderingWysig Indien u nie saamstem met die verwydering van 'n artikel nie kan u die saak hier bespreek. Maak egter seker dat u vertroud is met die redes waarom die artikel verwyder is en dat u die teendeel kan bewys. Dit is raadsaam om dan ook 'n skakel te plaas van die oorspronklik debat by Wikipedia:Bladsyverwydering/Verwyder, sodat ander gebruikers die oorspronklike redes vir nominasie en enige gesprek daaromtrent kan hersien. Sien ookWysig Administrateurs moet daarop let dat 'n bespreking oor die verwydering dalk ook op die betrokke artikel se besprekingsblad geplaas is. - Kategorie:Bladsye vir verwydering vir bladsye wat die sjabloon het, maar dalk nie hier gelys is nie. - Die skraplogboek van verwyderde bladsye. - Wikipedia:Bladsyverwydering/Verwyder vir 'n besprekings omtrent bladsye wat se nominasies vir verwydering suksesvol was. - Wikipedia:Bladsyverwydering/Hou bevat besprekings omtrent onsuksesvolle nominasies, waar die gemeenskap besluit het om die bladsy te hou of waar geen konsensus bereik is nie. - Wikipedia:Argumente om te vermy tydens verwyderingsbesprekings InhoudsopgaweWysig Inhoud VerwyderingsnominasiesWysig Sperdatum: | ---| 7 Januarie 2019 | Sperdatum: | ---| 10 April 2019 | - Verwyder: daar bestaan reeds 'n artikel oor veer (voël). Van die inligting in vere maak die voël kan met eg. artikel versmelt word, maar dit is nie nodig vir 'n bykomende artikel nie. – K175 (trap my uit | bydraes) 18:23, 27 Maart 2019 (UTC) - Verwyder Dumbassman (kontak) 18:43, 27 Maart 2019 (UTC) - Vraag @Luzanne Lawrence: Weet die skryfster van herdie artikel dat dit 'n kandidaat vir verwydereing is? Martinvl (kontak) 21:15, 28 Maart 2019 (UTC)
<urn:uuid:24d817f3-719a-4779-ad83-c9757b3649f0>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Wikipedia:Bladsyverwydering
2019-07-21T09:14:11Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526940.0/warc/CC-MAIN-20190721082354-20190721104354-00189.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999999
false
Bespreking:Pous Innocentius III Jump to navigation Jump to search Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Pous Innocentius III-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. | Artikelriglyne Daaglikse bladtrekke | |
<urn:uuid:cd636d18-e0a4-4ebc-a983-de4421ac284f>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Pous_Innocentius_III
2019-07-21T09:04:12Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526940.0/warc/CC-MAIN-20190721082354-20190721104354-00189.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99996
false
Arie Cornelis Bouman Arie Cornelis Bouman (gebore 30 Augustus 1892 te Sommelsdijk, sterf 24 Februarie 1966 te Leiden) was 'n professor in Germaanse Tale en die Geskiedenis van Nederlands aan die Universiteit van Stellenbosch en daarna professor in Algemene Taalwetenskap aan die Universiteit van Leiden in Nederland. Hy skryf Afrikaanse dramas en boeke oor Suid-Afrikaanse kuns. Inhoud Lewe en werk[wysig | wysig bron] Arie Cornelis Bouman is op 30 Augustus 1892 in Sommelsdijk in Nederland gebore.[1] Nadat hy sy skoolopleiding in Utrecht voltooi het, studeer hy verder aan die Rijksuniversiteit te Utrecht[1] in die Nederlandse taal- en letterkunde, waar hy op 6 Desember 1918 sy doktorsgraad met lof verwerf met ’n proefskrif oor Bijdrage tot de syntaxis der ‘dat’-zinnen in het Germaansch. Hy is hierna kortstondig dosent aan die Rijksuniversiteit te Utrecht totdat hy in 1919 ’n betrekking aanvaar as adjunk kommissaris by die Rijksarchief te Utrecht. In 1921 emigreer hy na Suid-Afrika wanneer hy vanaf April 1921 ’n betrekking aanvaar as hoogleraar in die Germaanse Tale en die Geskiedenis van Nederlands aan die Universiteit van Stellenbosch.[1] Sy leerverpligtinge sluit dus in behalwe Nederlands ook Goties, Oudnoors, Oudhoogduits en Angelsaksies en die letterkunde wat in hierdie tale geskryf is, insluitende die sagas en werke soos Beowulf. Hy spandeer vyf en twintig jaar in Suid-Afrika en maak ’n waardevolle bydrae tot die Afrikaanse taalkunde, letterkunde en kultuur. In Suid-Afrika behou hy sy bande met die Nederlandse letterkunde en kultuur en word in 1925 lid van die Maatschappij der Nederlandse Letterkunde. In 1946 keer hy terug na Nederland om professor te word in Algemene Taalwetenskap en die Tale van die Oudgermaanse Volkere en hulle Letterkunde aan die Rijksuniversiteit te Leiden. Hierdie leeropdrag sluit behalwe die Oudgermaanse tale ook die moderne taalteorie in. Hy lewer sy intreerede in 1946 onder die titel Karaktertekening in de Oudgermaansche letterkunde. Van 1957 tot 1958 is hy Voorsitter van die Maatschappij der Nederlandse Letterkunde en lewer die belangrike rede Literatuur en Mythe voor hierdie organisasie se jaarvergadering. Ook van die Leidse Linguistenkring is hy ’n aktiewe lid en deelnemer en verder dien hy as voorsitter van die Afrika Studie Centrum. Vanaf 1948 tree hy op as redakteur van die tydskrif Neophilologus. Op sy persoon skryf sy kollega aan die Universiteit van Leiden, C.F.P. Stutterheim: "Bouman gaf zich niet gemakkelijk, hij was allesbehalve een allemansvriend. Maar wie eenmaal zijn vertrouwen had gewonnen heeft de vriendschap van deze fijnzinnige, oprechte en hartelijke mens als een weldaad ervaren". Skryfwerk[wysig | wysig bron] Sy werk kan in hoofsaaklik drie afdelings ingedeel word, naamlik taalkundig, kuns en kreatief. Taalkundige werke[wysig | wysig bron] As taalkundige (sy spesialisgebied) publiseer hy ’n verskeidenheid van werke, alleen en saam met ander. Hierdie werke sluit Onderzoekingen over Afrikaanse syntaxis en Middelnederlandse bloemlezing met grammatica en in samewerking met E.C. Pienaar Afrikaanse Spraakkuns. Vir die 1931 uitgawe van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls lewer hy ’n bydrae oor leestekens en sy taalkundige artikels verskyn in talle publikasies in Suid-Afrika, Nederland en elders. Hy lewer ook verskeie bydraes in Nederlandse tydskrifte oor taalkwessies, waarin hy benewens Nederlands ook taaleienaardighede in Afrikaans en Middelnederlands betrek. Selfs die Yslandse sagas ondersoek hy op taalkundige en letterkundige gebied in die publikasies Observations on syntax and style of some Icelandic sagas (in Reykjavik uitgegee) en Patterns in old English and old Icelandic literature (universiteitspublikasie). Die Middelnederlandse epos Beatrijs”voorsien hy van ’n inleiding en verklarende aantekeninge in ’n publikasie van 1941, terwyl hy dieselfde doen vir ’n uitgawe van Guillaume le Clercq se Ferguut. Kuns[wysig | wysig bron] Verder is hy ’n bedrewe kunstenaar en publiseer wyd oor hierdie onderwerp. Hy lewer as gesaghebbende kunsresensent resensies en besprekings oor kuns vir Die Huisgenoot, Die Nuwe Brandwag en ook Elsevier’s Maandschrift in Nederland. Die gesaghebbende boek Kuns in Suid-Afrika, wat vir baie jare die standaardwerk oor hierdie onderwerp is, word in 1935 gepubliseer. Met hierdie boek doen hy baanbrekerswerk deur vir die eerste keer die kwaliteit van ons skeppende kunstenaars aan ’n breër publiek bekend te stel. In 1942 volg hy hierdie publikasie op met die handleiding oor Kuns en kunswaardering. Kreatiewe skryfwerk[wysig | wysig bron] Op kreatiewe gebied skryf hy twee historiese dramas oor die tyd van Willem Adriaan van der Stel, wat beide uitmunt met knap dialoog. Nerina van Drakenstein word die eerste keer op 27 Oktober 1936 in Franschhoek opgevoer. Die drama speel in 1706 af en beeld die lewe van die Hugenote aan die Kaap uit, wat Frankryk nie kan vergeet nie en vir wie die Kaap steeds ’n vreemde land bly. Hier worstel hulle in die vreemde met die natuur, met mekaar en met hulleself en hulle verlange na vastrapplek. Die gepubliseerde drama word geïllustreer deur houtsneë van Cecil Higgs. Die drama Dieu et mon Droit of Die heilige pand word geskryf as geleentheidstuk vir die Hugenotefees van 1939.[2] Dit spreek in wese dieselfde problematiek as Nerina van Drakenstein aan en speel af in twee dele in 1689 en 1706. Beide jare word verteenwoordig deur twee tonele. Die drama begin in 1689 met ’n byeenkoms tussen die Hollanders en die Franse, gevolg deur ’n kwaai onderhoud van Simon van der Stel met die leiers van die Franse gemeenskap omdat hulle ’n eie Kerkraad in Drakenstein wil hê. Die gebeure van 1706 word verteenwoordig deur die verhoor van die Raad van Justisie van Adam Tas en sy medeondertekenaars van die petisie teen Willem Adriaan van der Stel en eindig met ’n huwelik van ’n Fransman se dogter met ’n Hollander. Waar daar aan die begin van die drama heelwat wrywing tussen die verskillende volkere is, en die Hugenote se verset teen beide goewerneur Simon van der Stel en goewerneur Willem Adriaan van der Stel in dramatiese episodes geskets word, beeld die troue tussen ’n Franse nooi en boerekêrel teen die einde die samesmelting van die twee volkere uit. In 1929 skryf hy ’n Nederlandse drama De Vikings in Byzantium in rymlose jambiese verse waarin hy die Oudnoorse saga-literatuur verwerk. Hierdie drama is hoofsaaklik ’n leesdrama, aangesien dit moeilik op ’n verhoog opgevoer sal kan word. Wetenswaardig[wysig | wysig bron] - Jan Rabie het tydens sy meestersgraad onder andere by die "streng vakman" Bouman klasgeloop. Hier kry hy naas 'n kursus in Middelnederlands, met spesiale vergunning, 'n kursus in moderne Deens, in stede van die uitgestorwe Goties.[3] Publikasies[4][5][wysig | wysig bron] Akademies[wysig | wysig bron] Jaar | Publikasie | ---|---| 1918 | Bijdrage tot de syntaxis der ‘dat’-zinnen in het Germaansch. (Ac.) Proefschr. Utrecht. | 1919 | Wulfila's sterfjaar. Tijdschrift voor Nederlandse Taal- en Letterkunde 38, 165-177. | 1920 | De zinsbouw van Berthold von Regensburg's Predigten. Neophilologus V, 218-230 en 309-315. | 1922 | Over ongemotiveerde inversie. De Nieuwe Taalgids. XVI, 65-76. Syntaktiese groepen in Afrikaans. De Nieuwe Taalgids. XVI, 225-235. Laura, vom Dom umzingelt. Neophilologus. VII, 91-93. Johannes Ruusbroec en de Duitsche mystiek, I. Tijdschrift voor Nederlandse Taal- en Letterkunde 41, 1-23. | 1923 | Johannes Ruusbroec en de Duitsche mystiek, II. Tijdschrift voor Nederlandse Taal- en Letterkunde 42, 81-115. De dubbele ontkenning in Afrikaans. De Nieuwe Taalgids. XVII, 17-23. Die litterarische Stellung der Dichterin Hadewijch. Neophilologus. VIII, 270-279. | 1924 | Johannes Ruusbroec en de Duitsche mystiek, III. Tijdschrift voor Nederlandse Taal- en Letterkunde 43, 249-257. Het Afrikaans. De Nieuwe Taalgids. XVIII, 122-131. | 1926 | Onderzoekingen over Afrikaanse syntaxis. Kaapstad. Beatrijs (vers 247-248). Leuvense Bijdr. XVIII, 68. | 1928 | Het probleem van de ‘inwendige taalvorm’. De Nieuwe Taalgids. XXII, Ontlening en relikten in Afrikaans. De Nieuwe Taalgids. XXII, 37-41. De betekenis van het woord arch als adjektief bij personen in het Middelnederlands. Tijdschrift voor Nederlandse Taal- en Letterkunde 47, 114-122. | 1929 | Moedertaal en geestesvorming. De Nieuwe Taalgids. XXIII, 189-196. | 1930 | Het 41ste der Limburgse sermoenen en de 10de brief van Hadewijch. Tijdschrift voor Nederlandse Taal- en Letterkunde 49, 26-33. | 1931 | De datering van Vondel's Geuse Vesper. Tijdschrift voor Nederlandse Taal- en Letterkunde 50, 33-40. | 1934 | Middelnederlandse bloemlezing met grammatica. Zutphen, 2e druk 1948. | 1939 | Over reduplicatie en de woordsoorten. De Nieuwe Taalgids. XXXIII, 337-353. | 1940 | Volundr as an aviator, Särtryck ur Arkiv för Nordisk Filologi LV, 27-42. | 1943 | Semantika. 1. Adequatie, ellips en inwendige taalvorm. Kaapstad. | 1946 | Karaktertekening in de Oudgermaanse letterkunde. Rede. | 1949 | Iets over de werkwijze van Johannes Ruusbroec. Tijdschrift voor Nederlandse Taal- en Letterkunde 66, 183-193. ‘Leodum is minum’: Beadohild's Complaint. Neophilologus. XXXIII, 103-113. | 1950 | On Volundarkviata. Neophilologus. XXXIV, 169-173. | 1951 | Het Nederlandse voorvoegsel ka-. Tijdschrift voor Nederlandse Taal- en Letterkunde 68, 97-128. Een drietal etymologieën: 1. Got, aibr (Matth. V, 23), 2. eolete (Beowulf, 224), 3. gārsecg, Neophilologus. XXXV, 238-241 | 1952 | De zin der Germaanse klankverschuiving (resumé). Habd. N. Ph. C. XXII, 68-69. Das Problem der inneren Sprachform und die Psychoanalyse. Lingua III, 2, 147-161. Het Hamdir-lied. Neophilologus. XXXVI, 172-184. | 1956 | Observations on syntax and style of some Icelandic sagas. With special reference to the relation between Víga-Glúms saga and Reykdoela saga. Reykjavik Kaupmanahöfn. | 1957 | Literatuur en mythe. JbMNL 1957–1958, 3-16. | 1958 | An aspect of style in Icelandic sagas. Neophilologus. XXXXII, 50-67. Schets van de semantische structuur in Maerlants Eerste Martijn. Tijdschrift voor Nederlandse Taal- en Letterkunde LXXVI, 81-94. | 1959 | Beowulf's Song of Sorrow. Mélanges de Linguistique et de Philologie. Ferdinand Mossé in memoriam. Paris, 41-43. Johan Lambertus Machiel Franken (1882–1959). JbMNL 1959–1960, 125-128. | 1960 | Over klanksymboliek. Tijdschrift voor Nederlandse Taal- en Letterkunde LXXVII, 161-186. | 1962 | Patterns in Old English and Old Icelandic literature. Leiden. Some Remarks on the Language of a Book of Verse in Afrikaans: Krokos. Lingua XI, 59-66 Ferguut, uitg. met inl. en aant. door A. (C.) Bouman. Zwolle. | 1964 | Beatrys, uitgegee deur A.C. Bouman, tweede druk. Pretoria (Van Stamverwante bodem, VI). | Kuns en teaterstukke[wysig | wysig bron] Jaar | Publikasie | ---|---| 1920 | Oorkondenboek van Het Sticht Utrecht tot 1301, uitg. d.S. Muller Fz. en A.C. Bouman en K. Heering. Dl. I(-V). Utrecht. | 1926 | De Zuid-Afrikaanse schilder J.H. Pierneef. Elsevier's Maandschrift jan. | 1929 | Het Afrikaanse werk van A.M. Luyt. Elsevier's Maandschrift sept. Die Afrikaanse werk van A.M. Luyt. Die Nuwe Brandwag I, 65-69 De Vikings in Byzantium. Amsterdam. | 1930 | Irma Stern. Die Nuwe Brandwag II, 218-223. | 1931 | Calecott, sy persoon en sy werk. Die Nuwe Brandwag III, 185-190. Over de schilder Irma Stern. Die Huisgenoot 30 okt. Over de schilder J.A. Smith. Die Huisgenoot 16 maart | 1933 | Tentoonstelling van J.A. Smith op Stellenbosch. Die Nuwe Brandwag V, 1-4. | 1935 | Kuns in Suid-Afrika. Kaapstad-Pretoria. 2e bygew. dr. Kaapstad-Pretoria 1938. | 1937 | Nerina van Drakenstein. 'n Liefde aan die Kaap in Van der Stel se tijd. Toneelstuk in drie bedrijwe. Met hout sneë van Cecil Higgs. Kaapstad-Pretoria. | 1939 | Dieu et mon Droit of Die heilige Pand. Historiese spel in Vier bedrywe. Kaapstad, Bloemfontein en Port Elizabeth. | 1949 | Painters of South Africa. Cape Town etc. (X), 134 pp. With ill. | Samesteller[wysig | wysig bron] Jaar | Publikasie | ---|---| 1943 | Middelnederlandse liedere | Verwysings[wysig | wysig bron] Boeke[wysig | wysig bron] - Dekker, G. “Afrikaanse Literatuurgeskiedenis” Nasou Beperk Kaapstad Elfde druk 1970 - Kannemeyer, J.C. “Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 1” Academica, Pretoria en Kaapstad Tweede druk 1984 - Malherbe, F.E.J. “Aspekte van Afrikaanse literatuur” Nasionale Pers Bpk. Kaapstad, Bloemfontein en Port Elizabeth Eerste uitgawe 1940 - Nienaber, P.J. et al “Perspektief en Profiel” Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Derde hersiene uitgawe1969 - Schoonees, P.C. “Die prosa van die tweede Afrikaanse beweging” J.H. de Bussy, Pretoria / Hollandsch-Afrikaansche Uitgevers Maatschappij v/h J. Dusseau & Co, Kaapstad 1939 (derde druk) - Van Coller, H.P. (red.) “Perspektief en Profiel Deel I” J.L. van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 1998 Tydskrifte en koerante[wysig | wysig bron] - Stutterheim, C.F.P. “Arie Cornelis Bouman” “Jaarboek van de Maatschappij der Nederlandse Letterkunde te Leiden 1967–1968 - In memoriam-artikel: Jaarboek van de Maatschappij der Nederlandse Letterkunde 1968 Ander verwysings[wysig | wysig bron] - Esat: http://esat.sun.ac.za/index.php/A.C._Bouman - Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Bouman,_A.C. - Kannemeyer, J.C.. 2004. Jan Rabie: Prosapionier en politieke padwyser. Kaapstad: Tafelberg. bl. 96. - Worldcat: http://www.worldcat.org/identities/lccn-no94-23871/ - Digitale bibliotheek voor Nederlandse letteren: http://www.dbnl.org/auteurs/auteur.php?id=boum003
<urn:uuid:69bde565-197d-4849-b091-8ea4bdf66ed8>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/A.C._Bouman
2019-07-20T03:18:06Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526408.59/warc/CC-MAIN-20190720024812-20190720050812-00053.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.987893
false
Bladsygeskiedenis 31 Januarie 2019 9 September 2018 5 September 2018 19 November 2017 5 Augustus 2017 13 Oktober 2015 1 Mei 2014 "Todd_Graff_at_the_premiere_of_Joyful_Noise.jpg" is verwyder omdat dit in Commons deur Fastily verwyder is omrede: Copyright violation: If you are the copyright holder/author and/or have authorizat... k-47
<urn:uuid:09919d47-f999-4bc6-801b-98c22fd8f143>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Geskiedenis/Todd_Graff
2019-07-21T09:07:29Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526940.0/warc/CC-MAIN-20190721082354-20190721104354-00213.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.799972
false
Yosemite Nasionale Park Yosemite Nasionale Park* | | ---|---| Unesco-wêrelderfenisgebied | | Die Yosemite-vallei soos gesien vanaf Tunnel View | | Ligging van Yosemite Nasionale Park in die Verenigde State Koördinate: Koördinate: | | Lande | Verenigde State | Tipe | Natuur | Kriteria | vii, viii | Verwysings | 308 | Streek† | Noord-Amerika | Inskripsiegeskiedenis | | Inskripsie | 1984 (8ste Sessie) | * Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn. † Streek soos deur Unesco geklassifiseer. | Yosemite Nasionale Park (Engels: Yosemite National Park, uitgespreek /joʊˈsɛmɨtiː/; jo-sem-iti) is geleë in die Sierra Nevada van die deelstaat Kalifornië. Dit is op 1 Oktober 1890 deur wetgewing as nasionale park verklaar en is in 1984 deur UNESCO as wêrelderfenisgebied gelys. Dit is veral bekend om die sentraalgeleë Yosemite-vallei wat begrens word deur kranswande, granietkoepels en watervalle. Die park beslaan 1,200 vierkante myl en is bykans ontoeganklik vanuit die noorde. Die park is regdeur die jaar oop vir toeriste en ski is 'n gewilde wintersport. Geskiedenis[wysig | wysig bron] Indiane was die enigste inwoners van die vallei voordat die goudstormloop van 1849 duisende buitelanders na die omgewing gebring het. Die vallei was gou 'n toeriste-attraksie, maar sonder enige toesig het dit op omgewingskade uitgeloop. In 1864 het bewaringsbewustes vir President Abraham Lincoln oortuig om die Yosemite-vallei en die Mariposagroep van reuserooihoute as 'n publieke trust van Kalifornië te verklaar. Vir die eerste keer het die Amerikaanse regering nou land bewaar vir publieke genieting.[1] Omgewingsaktivis John Muir (1838-1914) het in 1889 opgemerk dat die uitgestrekte grasveld om die vallei verniel word deur skaapboerderye. Muir en die tydskrifredakteur Robert Underwood Johnson het steun gewerf vir nasionale park status vir die wildernis om die vallei.[1] Op hul aanbeveling het die Amerikaanse kongres ingegryp deur 'n gebied van 1 500 vierkante myl opsy te sit vir bewaring, en President Benjamin Harrison het die wet deur ondertekening bekragtig. Soos Yellowstone en Mackinac was Yosemite nou ook 'n nasionale park. In 1906 is die staatsbestuurde Yosemite-vallei en Mariposagroep soos die res van die park onder federale jurisdiksie geplaas. Sedertdien is die park 'n toevlugsoord vir stappers, kampeerders en natuurliefhebbers.[1] Attraksies[wysig | wysig bron] Die Yosemite-waterval is alombekend en die hoogste in die VSA. Dit bestaan eintlik uit twee valle, naamlik die Boonste en Onderste Yosemite-valle en is saam 2 425 voet hoog. Die aanskoulike Halfkoepel is 'n soliede granietkoepel wat 5 000 voet bo die valleibodem uittroon. Die Mariposagroep langs die Wawonapad (hoofweg 41) is naby die park se suidingang geleë en bevat sowat 500 volwasse reuserooihoutbome. Hierdie spesie bevat miskien die grootste lewende organismes ter wêreld, en hulle kan meer as 3 000 jaar oud word. Die ouderdom van die Mariposagroep se bekende Grizzlyreus word egter op net sowat 1,800 jaar geskat.[2] Twee kleiner rooihoutgroepe aan die park se wesgrens, Tuolumne en Merced genoem, word minder dikwels besoek. Studies toon aan dat die getalle van Yosemite se groot bome in ses dekades dramaties afgeneem het, en dit word aan globale verwarming toegeskryf.[3] Galery[wysig | wysig bron] Bron[wysig | wysig bron] - Collier's Encyclopedia Volume 23. Bladsy 706. Eksterne skakels[wysig | wysig bron] - Yosemite National Park established This day in history: Yosemite National Park established, History Channel - Sequoia Research - Beyond Glaciers: Yosemite's Big Trees Disappear, Andrea Donsky (29 Mei 2009)
<urn:uuid:86725da8-ce6d-48e9-a9da-55057b14691f>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Yosemite_Nasionale_Park
2019-07-16T10:53:05Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524522.18/warc/CC-MAIN-20190716095720-20190716121720-00157.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99997
false
St. Georgespark, Port Elizabeth St. Georgespark | || St. Georgespark se pawiljoen Ligging | Port Elizabeth, Suid-Afrika | | ---|---|---| Koördinate | Koördinate: | | Kapasiteit | 19 000 | | Oppervlak | Gras | | Konstruksie | || Geopen | Maart 1889 | | Huurders | || Oostelike Provinsie (1889–hede) Warriors-krieketspan (2004–hede) Nelson Mandela Bay Giants (2018–hede) | St. Georgespark is 'n veeldoelige park in Port Elizabeth, Suid-Afrika.[1] Die park is die oudste park in Port Elizabeth en word meestal verbind met die St. George's Oval, 'n krieketstadion wat binne die park geleë is. Dit is die tuisveld van die Warriors-krieketspan. St. Georgespark is tydens die Krieketwêreldbeker 2003 vir vyf wedstryde ingespan. Wedstryde[wysig | wysig bron] Krieketwêreldbeker 2003[wysig | wysig bron] Groepfase 13 Februarie 2003 241/7 (50 boulbeurte) v 221 (49.4 boulbeurte) Halfeindrondte 18 Maart 2003 10:00 212/7 (50 boulbeurte) v 123/7 (38.1 boulbeurte) Sien ook[wysig | wysig bron] Verwysings[wysig | wysig bron] - ( ) "St George's Park". Cricinfo. Besoek op 20 Februarie 2019.
<urn:uuid:472b31c5-070d-42ee-af46-6d1556f64b32>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/St._Georgespark,_Port_Elizabeth
2019-07-21T09:00:14Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526940.0/warc/CC-MAIN-20190721082354-20190721104354-00237.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.997512
false
Boekbronne Jump to navigation Jump to search Biblioteke Suid-Afrika: - Soek die boek in die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika se katalogus - Soek die boek in die SEALS Konsortium se biblioteek - Soek die boek in die Universiteit van Suid-Afrika se biblioteek - Soek die boek in die Universiteit van die Witwatersrand se biblioteek - Soek die boek in die Kaapse Hoër Onderwys Konsortium se biblioteek Wêreldwyd: - Soek die boek deur WorldCat in jou plaaslike biblioteek se katalogus Boekwinkels Suid-Afrika: Ander lande:
<urn:uuid:fb4f61e4-7cdc-432d-a325-33e161368df6>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Boekbronne/0246132124
2019-07-16T10:26:22Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524522.18/warc/CC-MAIN-20190716095720-20190716121720-00181.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999935
false
Mekka Kaart | Wapen | Vlag | | Land | Saoedi-Arabië | Provinsie | Makkah | Koördinate | | Stigting | 4de eeu | Oppervlakte: | | - Totaal | 850 vk km | Hoogte bo seevlak | 300 m | Bevolking: | | - Totaal (2007) | 1 700 000 | - Bevolkingsdigtheid | 4 200/vk km | Tydsone | UTC +3 | Burgemeester | Osama Al-Bar | Amptelike webwerf | holymakkah.gov.sa | Mekka (Arabies: مكة, ook "Mekka, die Eerwaarde", مكة المكرّمة) is die heiligste stad van die Islam en lê in Saoedi-Arabië.[1] Mekka het 'n bevolking van 1 700 000 (2007-sensus) en 'n oppervlakte van 850 km². Die Kaäba in Mekka is die rigting, of kiebla, van die daaglikse islamitiese gebed. In 570 is Mohammed, die profeet van Islam, in Mekka gebore. In 610 begin die Islamitiese openbaring en Mekka is een van die twee stede waar Mohammed die Koran van Allah ontvang. Met die vlug van Mohammed na Medina in 622 begin die Islamitiese kalender. Tradisioneel is die stad vir nie-Moslems gesluit. Inhoud Ligging en klimaat[wysig | wysig bron] Die heilige stad Mekka (in Arabies Makkah) lê 277 m bo seespieël in die droë beddings van die Wadi Ibrahim en 'n paar van sy kort sytakke naby die weskus (Rooisee) van Saoedi-Arabië. Mekka word omring deur die Siratbergreeks en in een van die pieke, die Jabal Hira, is die grot waar Mohammed hom afgesonder en visioene gehad het voordat hy profeet geword het. Die nag is bekend as Laylat al-Qadr. Die stad het deur die jaar hoe temperature, met somertemperature van tot 45°C. Ondanks die lae reënval (minder as 120 mm per jaar), wat hoofsaaklik in die winter val, bestaan die gevaar van seisoenale oorstromings wel omdat Mekka so laag geleë is. Geskiedenis[wysig | wysig bron] Mohammed is in ongeveer 570 n.C. in Mekka gebore. Sy verkondiging van 'n nuwe leer is nie in sy geboortestad aanvaar nie en hy het in 622 na Medina uitgewyk. Volgens hom het die mense 'n dwaalleer aangehang en sy prediking van die Islam was daarop gerig om die godsdiens van Abraham te herstel. In 630 het hy na Mekka teruggekeer, die stad onder sy gesag gebring, alle afgode verwyder en tot die stad van Allah verklaar. Dit sou ook as pelgrimsoord vir alle Moslems dien. As oase op die karavaanroetes tussen die lande rondom die Middellandse See en Asië en Afrika, het Mekka deur die eeue 'n handelsentrum geword. Selfs nadat die handelsaspek minder belangrik geword het, het Mekka, danksy die pelgrims, steeds 'n welvarende stad gebly. Die stad is bestuur deur sjarifs, wat lede was van families wat daarop aanspraak gemaak het dat hulle van die profeet Mohammed afstam. Ondanks hulle pogings om beheer oor die Hedzjasgebied uit te oefen, kon die Irakse Abbassiede (ongeveer 950 n.C.), die Egiptiese Mamelukke (13e eeu), die Ottomane (16e eeu) en die Saoedi-Arabiese Wahabiete (19e eeu) nie die stad se onafhanklikheid beïnvloed nie. In 1925 is Mekka egter finaal by Saoedi-Arabië ingelyf. Die pelgrimstog en die Kaäba[wysig | wysig bron] Volgens Islamitiese tradisie is die Kaäba (Ka'ba) deur Abraham gebou as 'n replika van God se hemelse woning. Deur die eeue is dit telkens verwoes en herbou, en sedert die 16de eeu (1570) staan dit in die binneplein van die Al-Masdjid al-Haram, tesame met die heilige Zemzem-bron. Die binneplein is ongeveer 165 m lank en 121 m breed en word om ring deur 'n 7,5 m hoë muur met 'n aantal minarette. In 1955 is begin met verbouings om die oppervlakte van die binneplein te vergroot. Op die oomblik kan 300 000 mense tegelykertyd in die binneplein aanbid. Die Kaäba vorm die religieuse middelpunt vir meer as een miljard Moslems dwarsoor die wêreld, aangesien die Islam bepaal dat wanneer Moslems bid, hulle hulle in die rigting van die Kaäba moet wend. (Hierdie gebedsrigting word die kiebla genoem.) Die Kaäba is ’n vierkantige ruimte van 15 x 10 x 12 m binne die moskee met geen vensters nie en slegs een ingang. In die oostelike muur is die sogenaamde Swart Steen ingebou, wat heelwaarskynlik ’n meteoriet is. Die Kaäba is bedek met 'n swart kleed, die Kiswa, waarop tekste uit die Koran geborduur is. Die kleed word jaarliks vervang. Elke Moslem probeer om minstens een maal in sy leeftyd gedurende die pelgrimsmaand Dhu'l Hidjdja 'n bedevaart na Mekka te onderneem. Die doel van die reis is om 'n paar maal rondom die Kaäba te loop en die Swart Steen te soen. Voorts besoek hulle, getrou aan die Islamitiese tradisie, 'n paar heilige plekke in die omgewing wat verband hou met Mohammed se stryd om Mekka te verower. As gevolg van die groot aantal pelgrims (sowat 1 miljoen in die pelgrimsmaand), is die stad se vervoerstelsel na die Tweede Wêreldoorlog drasties uitgebrei om met die toeloop te kan tred hou. Bestuur en ekonomie[wysig | wysig bron] Die stad word bestuur deur 'n goewerneur, die emir van Makkah, wat deur die koning van Saoedi-Arabië benoem word en verantwoording moet doen aan die minister van binnelandse sake. Hy is in beheer van die provinsie Makkah, waarvan Mekka die hoofstad is en waartoe ook die stede Djedda en Taif behoort. Sedert die Tweede Wêreldoorlog het Mekka 'n stadsraad, maar die name van die veertien gekose lede moet eers vir goedkeuring aan die regering voorgelê word voordat hulle hul ampte kan aanvaar. Die stad het twee inrigtings vir hoër onderwys, naamlik die Sjaria-Akademie vir Islamitiese reg en ’n opleidingskollege vir onderwysers. Alle onderwys is kosteloos, asook mediese dienste. Mekka se gesondheidsdienste het, benewens plaaslike siekteverskynsels, ook te kampe met verskillende siektes soos cholera, wat deur pelgrims die stad ingebring word. 'n Groot deel van Mekka se inkomste is van die pelgrims afkomstig, maar sedert 1952 het die koning van Saoedi-Arabië 'n deel van die land se olie-inkomste beskikbaar gestel vir die instandhouding van die stad en sy heiligdomme. Landbougrond en water is skaars en voedsel word van onder meer Djedda af ingevoer. Water kom van die omringende wadi's, die Zubaidabron, wat suidwes van die stad geleë is, en die Azizijjahbron in die noordooste. Elektrisiteit is afkomstig van 'n oliekragsentrale op die pad na Medina. Mekka het beperkte nywerhede. Sien ook[wysig | wysig bron] Bronne[wysig | wysig bron] - Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0-908409-59-1, volume 18, bl. 107 Verwysings[wysig | wysig bron] Eksterne skakels[wysig | wysig bron] Wikimedia Commons bevat media in verband met Mekka. |
<urn:uuid:946a44a4-fcc3-497c-93dd-a05cb0fabd19>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Mekka
2019-07-17T14:47:28Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525312.3/warc/CC-MAIN-20190717141631-20190717163631-00341.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999993
false
Noordelike Halfrond Die Noordelike Halfrond is die helfte van 'n planeet se oppervlak wat noord van die ewenaar lê. Op Aarde bevat die Noordelike Halfrond meeste van die landmassa en ongeveer 88-90% van die menslike bevolking. In die gematigde dele van die halfrond duur winter van Desember tot Maart. Winter kan egter reeds in September begin en tot Mei of selfs Junie duur in die arktiese gebiede en somer van Junie tot September. Die Aarde se perihelion, waartydens orbitale beweging die vinnigste is, vind in Januarie plaas. 'n mens sou dus kon verwag dat noordelike winters korter behoort te wees en meer gematig as in die Suidelike Halfrond by ekwivalente breedtegrade, maar in praktyk kompenseer die matigende invloed van die Suidelike Halfrond oseane vir die effek. Tropiese gebiede is geneig om 'n nat seisoen in die 'somer' maande te hê en 'n droë seisoen in die 'winter' maande. Gebiede noord van die poolsirkel sal in die somer dae ondervind waar die son glad nie onder gaan nie en in die winter dae wanneer die son nooit opkom nie. Die hoeveelheid dae wat dit gebeur wissel van een dag vir plekke op die poolsirkel en verskeie maande naby die Noordpool self. As gevolg van die Coriolis effek waai winde in siklone in die Noordelike Halfrond linksom (teen-kloksgewys) terwyl dit in die Suidelike Halfrond regsom (kloksgewys) waai.
<urn:uuid:1f5d1a85-70f9-436d-ac2b-80c7fff522ca>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Noordelike_halfrond
2019-07-17T15:02:19Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525312.3/warc/CC-MAIN-20190717141631-20190717163631-00341.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
1.000001
false
Relê 'n Relê of relais (Engels: "Relay") is 'n toestel wat 'n stroomkring sluit waardeur 'n ander toestel in werking gesit word. Dit is in effek 'n skakelaar wat 'n groot stroom oop of toemaak deur 'n ander kleiner stroompie. Die klein stroompie vloei deur 'n spoel met 'n ysterkern wat 'n magneetveld veroorsaak. Die magneetveld veroorsaak dat 'n skakelaar dan beweeg en dan 'n ander toestel aan- of afskakel of 'n sein uitstuur.
<urn:uuid:e05c8a1a-60ac-4a12-a8d6-f19a899eea1d>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Rel%C3%AA
2019-07-17T15:29:43Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525312.3/warc/CC-MAIN-20190717141631-20190717163631-00341.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999998
false
Rhodes-universiteit Rhodes-universiteit | | ---|---| Wapen en logo van die Rhodes-universiteit | | Leuse: | Vis, virtus, veritas | Leuse in Afrikaans: | Krag, moed, waarheid | Leuse in Engels: | Strength, courage, truth | Gestig: | 31 Mei 1904 | Tipe: | Openbare universiteit | Befondsing: | R429,6 miljoen[1] (2008) | Kanselier: | Lex Mpati | Personeel: | 357[2] | Studentetal: | 7 005[2] | Voorgraadse studente: | 5 372[2] | Nagraadse studente: | 1 633[2] | Ligging: | Grahamstad, Oos-Kaap Koördinate: | Kleure: | violet | Bynaam: | Rhodian, Rhodent (informeel) | Affiliasies: | AAU, ACU, HESA, IAU | Webtuiste: | ru.ac.za | Rhodes-universiteit is 'n tersiëre instelling in Grahamstad in die Oos-Kaap met 7 645 studente in 2013, van wie 5 329 voorgraads en 2 273 nagraads was. Dié universiteit het sy unieke karakter te danke aan 'n kombinasie van verskeie faktore – geskiedkundig, geografies, kultureel en argitektonies. Opeenvolgende geslagte Rhodes-studente het, danksy hulle onafhanklike denke, 'n invloed ver buite verhouding tot hulle klein getalle gehad op suidelike Afrika sowel as die wêreld. Inhoud Die ontstaan[wysig | wysig bron] Universiteitsopleiding in die Oos-Kaap het begin in die kollege-afdelings van vier skole: St. Andrew's-kollege op Grahamstad, Gill-kollege op Somerset-Oos, die Graaff-Reinet-kollege en Grey-instituut in Port Elizabeth. Teen die vorige eeuwending het net St. Andrew's en Gill studente voorberei op die graadeksamens van die Universiteit van die Kaap die Goeie Hoop. Dit het toe duidelik begin word dat net 'n sentrale universiteit 'n bevredigende standaard van universiteitsopleiding sou kon bied. Grahamstad, wat nog altyd ver van die ekonomiese en nywerheidshoofstroom van die provinsie en land geleë was, het na 'n onwaarskynlike keuse vir 'n universiteit gelyk, maar plaaslike inwoners was sterk ten gunste van die idee. Die grootste struikelblok was die gebrek aan die nodige geld. Ook het die Tweede Vryheidsoorlog die beweging amper geheel en al ontspoor. In Desember 1902 het Josiah Slater, parlementslid vir Albanie en redakteur van die Graham's Town Journal, 'n vergadering belê om openbare belangstelling opnuut aan te vuur. Hy het bo alle verwagting geslaag, maar geesdriftigte beloftes van plaaslike geldelike ondersteuning was ontoereikend. Die pasgestigte komitee het sonder welslae by die Rhodes-trustees aansoek om befondsing gedoen. Dr. Selmar Schönland, gevierde botanis en kurator van die Albanie-museum, het toe probeer om 'n Rhodes-trustee, dr. Leander Starr Jameson, regstreeks te nader. Jameson, wat kort daarna parlementslid vir Albanie sou word en daarna eerste minister van die Kaapkolonie, het £50 000 belowe sonder om sy medetrustees te raadpleeg. Hulle het aanvanklik geweier, maar, oorreed deur Schönland, het hulle ingewillig om De Beers-voorkeuraandele ter waarde van £50 000 aan die Rhodes Universiteitskollege, wat deur 'n wet van die parlement op 31 Mei 1904 in die lewe gebring is, oor te dra. Eerste jare[wysig | wysig bron] Die vier professore van St. Andrew's het die stigter-professore van Rhodes Universiteitskollege geword en hulle studente voorberei op die eksamens van die Universiteit van die Kaap die Goeie Hoop. Aan die begin van 1905 het die universiteitskollege uit beknopte ruimte op St. Andrew's se perseel na die Drostdy-gebou, wat Rhodes in 1909 van die Britse regering gekoop het, getrek. In daardie jaar het sewe professore, onder meer ook Schönland, hulle by die oorspronklike vier aangesluit. Een van die kenmerkende eienskappe van Rhodes, wat reeds vroeg ontwikkel is, was die tutoriale stelsel, oorgeneem van die model van Cambridge en Oxford. Elke student is aan 'n personeellid toegewys, wat persoonlike belangstelling in sy werk en welstand getoon het. Namate die getalle toegeneem het, het tutors en tutoriale groepe hierdie verantwoordelikheid aanvaar. Uitbreiding[wysig | wysig bron] Baker en Kendall, die argiteksfirma wat deur sir Herbert Baker gestig is, het die kompetisie in 1910 gewen wat die raad uitgeskryf het vir die ontwerp van nuwe geboue. Geboue is mettertyd bygevoeg om in Rhodes se behoeftes te voorsien. Rhodes het in 1918 'n lidkollege van die nuwe Universiteit van Suid-Afrika geword. Die Groot Depressie was 'n baie moeilike tyd vir Rhodes, maar teen 1933 het die universiteitskollege se sake beter begin lyk. Studente het hulle land goed gedien in albei wêreldoorloë. In die Eerste het 47 gesneuwel en in die Tweede 70. Hulle word jaarliks gedenk op Stigtersdag, 12 September, met 'n seremonie voor die Groot Saal by die standbeeld van die krygsman. Keerpunt[wysig | wysig bron] Toe die toekoms van die Universiteit van Suid-Afrika in 1947 hersien moes word, het Rhodes gekies om 'n volwaardige, onafhanklike universiteit te word. Rhodes sou egter £150 000 se kapitaal nodig hê. Geen oortollige fondse was beskikbaar nie, aangesien die kollege op daardie kritieke oomblik in sy geskiedenis reeds £561 015 oortrokke was. Net toe dit wou lyk of die universiteit weens sy skuldlas sou ondergaan, het die vennote in 'n plaaslike drukkery 'n aansienlike bedrag geld geskenk. Dit wou voorkom asof hulle vrygewigheid 'n waterskeiding was. Die regering en die plaaslike stadsraad het hulp aangebied en 'n versekeringsmaatskappy het die kollege £200 000 teen 'n gunstige rentekoers geleen. Toe die privaat mosie vir die stigting van die universiteit in April 1949 in die parlement aanvaar is, is 'n fondsinsameling van stapel laat loop. Oorweldigende reaksie van maatskappye en privaat individue het gou £100 000 byeengebring met ondernemings van 'n verdere £50 000 en 'n belofte deur die regering om die skenkings een-tot-een te ewenaar. Die universiteit het sy amptelik beslag gekry op 10 Maart 1951. Die eerste kanselier was sir Basil Schonland, seun van Selmar Schönland, die eerste visekanselier dr. Thomas Alty. Voortgesette groei[wysig | wysig bron] Buiten die aanbou van koshuise en akademiese geboue, het die studentetal ook voortdurend toegeneem. In 1982 was daar die eerste keer meer as 3 000 studente en in 1991 reeds 4 196, wat teen 2013 amper verdubbel het tot 7 645, van wie 1 600 eerstejaars was. Die universiteit mik daarna om die persentasie nagraadse studente meer en die persentasie voorgraadse studente minder te maak as die huidige (2013) verdeling van 70/30. Ondanks die groei het Rhodes 'n klein universiteit gebly met die nieamptelike leuse "We've grown great by staying small" wat sy etos goed saamvat. Die meeste studente woon in die meer as 30 koshuise en die klasse is klein genoeg om persoonlike aandag moontlik te maak. Sien ook[wysig | wysig bron] Verwysings[wysig | wysig bron] - ( ) Annual Reports and Consolidated Financial Statements for the year ended 31 December 2008 (PDF). Rhodes University. p. 31. Besoek op 1 Junie 2014. - ( ) Digest of Statistics Version 14: 2010 (PDF). Rhodes University. 2010. pp. A1,G7. Besoek op 1 Junie 2014. Eksterne skakel[wysig | wysig bron] Wikimedia Commons bevat media in verband met Rhodes University. |
<urn:uuid:e740dd83-305b-4f75-9359-de0d6551fef8>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Rhodes-universiteit
2019-07-17T15:06:18Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525312.3/warc/CC-MAIN-20190717141631-20190717163631-00341.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999966
false
Hulp Bladsye wat na "Universiteit van Leiden" skakel ← Universiteit van Leiden Jump to navigation Jump to search Skakels hierheen Bladsy: Naamruimte: alle (Hoof) Bespreking Gebruiker Gebruikerbespreking Wikipedia Wikipediabespreking Lêer Lêerbespreking MediaWiki MediaWikibespreking Sjabloon Sjabloonbespreking Hulp Hulpbespreking Kategorie Kategoriebespreking Portaal Portaalbespreking Module Module talk Gadget Gadget talk Gadget definition Gadget definition talk Omgekeerde seleksie Filters Versteek insluitings | Versteek skakels | Versteek aansture Die volgende bladsye skakel na Universiteit van Leiden : Wys (vorige 50 | volgende 50 ) ( 20 50 100 250 500 ). 1575 ( ← skakels wysig ) Christiaan Huygens ( ← skakels wysig ) Nicolaas Johannes Diederichs ( ← skakels wysig ) Gebruiker:Morne ( ← skakels wysig ) Johan Degenaar ( ← skakels wysig ) Leiden ( ← skakels wysig ) Marcus Zuerius van Boxhorn ( ← skakels wysig ) Casparus Barlaeus ( ← skakels wysig ) Etienne van Heerden ( ← skakels wysig ) Dordtse Leerreëls ( ← skakels wysig ) Joan van Arckel ( ← skakels wysig ) Rembrandt van Rijn ( ← skakels wysig ) Nederlandse monargie ( ← skakels wysig ) Gerrit Viljoen ( ← skakels wysig ) Anna de Villiers ( ← skakels wysig ) Marie Koopmans-de Wet ( ← skakels wysig ) Jan Brand ( ← skakels wysig ) Johan Huizinga ( ← skakels wysig ) Sebastiaan Cornelis Nederburgh ( ← skakels wysig ) Jacob Abraham de Mist ( ← skakels wysig ) Adrian Roux ( ← skakels wysig ) Christoffel Josephus Brand ( ← skakels wysig ) Max van der Stoel ( ← skakels wysig ) Albert Hertzog ( ← skakels wysig ) John Truter ( ← skakels wysig ) Wikipedia:Voorbladartikels 2012 ( ← skakels wysig ) Gustaaf Molengraaff ( ← skakels wysig ) Frans Engelenburg ( ← skakels wysig ) Universiteit Leiden (aanstuurblad) ( ← skakels wysig ) Gebruiker:Thiois ( ← skakels wysig ) Marthinus Theunis Steyn ( ← skakels wysig ) Kees van der Staaij ( ← skakels wysig ) Ab Klink ( ← skakels wysig ) Mark Rutte ( ← skakels wysig ) Maxime Verhagen ( ← skakels wysig ) Hendrik de Wit ( ← skakels wysig ) M.T. Steyn-gedenktekens ( ← skakels wysig ) Politieke wetenskap ( ← skakels wysig ) Franciscus de le Boë Sylvius ( ← skakels wysig ) Leiden Universiteit (aanstuurblad) ( ← skakels wysig ) Jan Willem Spruyt ( ← skakels wysig ) Kees van der Staaij ( ← skakels wysig ) Maxime Verhagen ( ← skakels wysig ) Max van der Stoel ( ← skakels wysig ) Alexander Pechtold ( ← skakels wysig ) Gert-Jan Segers ( ← skakels wysig ) Anna Enquist ( ← skakels wysig ) Petrus van der Spuy ( ← skakels wysig ) Tobias Johannes Herold ( ← skakels wysig ) Wikipedia:Voorbladartikel week 18 2012 ( ← skakels wysig ) Abraham Kuyper ( ← skakels wysig ) Neerlandisme ( ← skakels wysig ) Willem-Alexander van die Nederlande ( ← skakels wysig ) Johannes de Vooght ( ← skakels wysig ) Adriaan de Vooght ( ← skakels wysig ) Jan Hendrik Hofmeyr (predikant) ( ← skakels wysig ) Hendrik Willem Ballot ( ← skakels wysig ) Christiaan Hendrik Persoon ( ← skakels wysig ) J.J. Kotzé ( ← skakels wysig ) J.H. Neethling ( ← skakels wysig ) Rijksuniversiteit Groningen ( ← skakels wysig ) Kaapse maateenhede ( ← skakels wysig ) Arnoldus Kuys ( ← skakels wysig ) Lydia van Niekerk ( ← skakels wysig ) Herman van Broekhuizen ( ← skakels wysig ) NG gemeente Stellenbosch ( ← skakels wysig ) Rudolphus Meerlandt ( ← skakels wysig ) Wys (vorige 50 | volgende 50 ) ( 20 50 100 250 500 ). Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Universiteit_van_Leiden " Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Gereedskap Spesiale bladsye Drukbare weergawe Ander tale Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:91067385-1caf-4941-82c6-a18ab0d401de>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Universiteit_van_Leiden
2019-07-17T15:42:16Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525312.3/warc/CC-MAIN-20190717141631-20190717163631-00341.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.995662
false
Kategorie:Amerikaanse sportlui Jump to navigation Jump to search Wikimedia Commons bevat media in verband met Amerikaanse sportlui. | Subkategorieë Hierdie kategorie bevat die volgende 6 subkategorië, uit 'n totaal van 6. Bladsye in kategorie "Amerikaanse sportlui" Die volgende 13 bladsye is in hierdie kategorie, uit 'n totaal van 13.
<urn:uuid:fd4dffc0-e54a-4846-a031-3b9bc19e96f5>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Amerikaanse_sportlui
2019-07-21T09:29:16Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526940.0/warc/CC-MAIN-20190721082354-20190721104354-00261.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.992484
false
Engeland - Hierdie artikel handel oor die huidige land binne die Verenigde Koninkryk. Vir die historiese koninkryk, sien Koninkryk van Engeland. Engeland (Engels: England) is die grootste en bevolkingsrykste van die vier nasies wat saam die Verenigde Koninkryk vorm. Dit word in die noorde deur Skotland en in die weste deur Wallis begrens. Die Noordsee is oos, die Ierse See noordwes en die Keltiese See suidwes van Engeland geleë. Die Noordsee in die ooste en die Engelse Kanaal in die suide skei Engeland van die Europese vasteland. Volkslied: verskeie Hoofsaaklik: God Save the Queen (Engels vir: "God beskerm die koningin") | ||||| Hoofstad | Londen Grootste stad | Londen | |||| Amptelike tale | Engels | |||| Regering | Unitêre parlementêre grondwetlike monargie Elizabeth II Theresa May | |||| Onafhanklikheid | 10de eeu (tradisioneel 927) 1066–1088 1535–1542 24 Maart 1603 11 Desember 1688 1 Mei 1707 | |||| Oppervlakte - Totaal - Water (%) | 130 279 km2 (1ste (VK)) 50 301 myl2 | |||| Bevolking - 2016-skatting - 2011-sensus - Digtheid | 55 268 100[1] (1ste (VK)) 53 012 456[2] 424,3 / km2 (1ste (VK)) 1 098,9 / myl2 | |||| BBP (nominaal) - Totaal - Per capita | 2009-skatting | |||| Geldeenheid | Pond sterling (£) (GBP ) Tydsone - Somertyd | GMT (UTC±0) BST (UTC+1) | |||| Internet-TLD | .uk, .gb | |||| Skakelkode | +44 | |||| Beskermheilige: Sint Joris Nasionale blom: Tudorroos | Engeland beslaan die sentrale en suidelike dele van die Noord-Atlantiese eiland Groot-Brittanje. Meer as 100 kleiner eilande maak daarnaas deel uit van Engeland, waaronder die Scilly-eilande en die Eiland Wight. Menslike gemeenskappe het hulle al in die Jongsteentydperk in die gebied gevestig wat tans as Engeland bekend staan, maar dit was die Angele, een van die Germaanse stamme wat hulle in die 5de en 6de eeu op die eiland gevestig het, wat hul naam aan die land verleen het. In 927 is die verskillende klein koninkryke in 'n gemeenskaplike Engelse Ryk verenig. Vanaf die groot ontdekkingstydperk in die 15de eeu het Engeland beduidende kulturele, regtelike, ekonomiese en uiteindelik ook taalkundige invloed op ander wêrelddele uitgeoefen. Die Engelse regstelsel is net soos die Anglikaanse Kerk en die Engelse taal in ander lande oorgeneem, terwyl die Engelse parlementêre regeringstelsel as voorbeeld vir staatkundige bedelings in ander lande gedien het. Engeland was in die 18de eeu ook die bakermat van die nywerheidsomwenteling wat van hier na ander Europese en uiteindelik ook oorsese lande uitgebrei het en van Engeland die eerste nywerheidsland ter wêreld gemaak het. Leidende Engelse nywerheidstede soos Manchester, Birmingham en Liverpool het grondstowwe, wat uit alle hoeke van die wêreld na Engeland ingevoer is, tot goedere verwerk wat wêreldwyd bemark is, terwyl Londen as hoofstad en regeringsetel tot een van die wêreld se voorste metropole en die politieke, ekonomiese en kulturele spilpunt van die Britse Ryk ontwikkel het. Vandag beslaan die metropolitaanse gebied van Groter Londen groot dele van Suidoos-Engeland en speel steeds 'n eersterangse ekonomiese rol as die finansiële spilpunt van Europa en as die sentrum van innovasie op 'n verskeidenheid terreine – veral populêre kultuur. SportWysig Engeland het 'n ryk sporterfenis en baie sportsoorte wat wêreldwyd beoefen word, het in die 19de-eeuse Engeland ontstaan, waaronder sokker, krieket, rugby, rugbyliga, tennis, boks, pluimbal, muurbal, hokkie, snoeker, biljart, veerpyltjies, tafeltennis, rolbal, netbal, perdewedren, windhondrenne en jakkalsjag. Die land het ook gehelp met die ontwikkeling van gholf, seil en Formule Eenrenne. Sokker is die gewildste van hierdie sportsoorte in Engeland. Die Engelse nasionale sokkerspan, wie se tuiste die Wembley-stadion is, het in 1872 die eerste sokkerwedstryd ooit teen Skotland gespeel.[3] Die wedstryd het in Hamilton Crescent, Glasgow, die tuiste van die West of Scotland Cricket Club, plaasgevind. Engeland het as "tuiste van sokker" die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1966 aangebied en tydens die eindstryd Wes-Duitsland met 4–2 geklop.[4] Met 'n Britse televisie gehoorpiek van 32,30 miljoen is die eindstryd die mees gesiene televisie-gebeurtenis ooit in die Verenigde Koninkryk.[5] Engeland se hoogste sokkerliga is die Premier League, gevolg deur die Football League Championship. Daar word algemeen aanvaar dat krieket in die vroeë Middeleeue as 'n wedstryd tussen die landbou- en metaalbewerkingsgemeenskappe van die Weald ontstaan het. Die Engelse nasionale krieketspan is 'n samestelling van Engelse en Walliese krieketspelers en een van die Toetskrieketlande en volle lidland van die Internasionale Krieketraad. Een van dié sport se oudste en gewildste wedywering is Die As-reeks tussen Engeland en Australië wat sedert 1882 gespeel word. Engeland het al vyf krieketwêreldbekertoernooie (1975, 1979, 1983, 1999 en 2019) aangebied, meer as enige ander land. Engeland het die eindstryd tot dusver vyf keer bereik en die 2019-eindwedstryd teen Nieu-Seeland volgens aantal grenshoue in die beslissende Superboulbeurt gewen en sodoende hul eerste titel ingepalm. Ná sokker in 1966 en rugby in 2003 is krieket in 2019 die derde wêreldbekertrofee in een van Engeland se gewildste sportsoorte wat die onderskeidelike nasionale span kon inpalm. Engeland het in 2009 die ICC Wêreld Twintig20 aangebied en in 2010 dié formaat teen Australië in die eindstryd gewen. Lord’s in Londen word dikwels The Home of Cricket ("die tuiste van krieket") genoem. Rugby het in die 19de eeu by die Public School van Rugby, Warwickshire, ontstaan.[6] Die Engelse nasionale rugbyspan ding in die Sesnasies-toernooi met Frankryk, Ierland, Italië, Skotland en Wallis mee en neem gereeld aan die Rugbywêreldbeker deel. Engeland het die Rugbywêreldbeker 2003 teen die gasheer Australië gewen. Engeland was een van die gashere tydens die Rugbywêreldbeker 1991 en die Rugbywêreldbeker 1999 en het ook die Rugbywêreldbeker 2015 gehuisves. Londen se Twickenham is die grootste rugbystadion wêreldwyd en tuisstadion van die Engelse nasionale rugbyspan. Engeland se beste rugbyspelers mag vir die Britse en Ierse Leeus speel, wat deur die Suidelike Halfrond toer. Gholf is gewild in Engeland; deels te danke aan sy kulturele en geografiese bande met Skotland, die tuiste van gholf.[7] Engelse gholfspelers wat die Grand Slam gewen het, sluit in: Cyril Walker, Tony Jacklin, Nick Faldo en Justin Rose vir mans en Laura Davies, Alison Nicholas en Karen Stupples vir vroue. Die wêreld se oudste gholftoernooi is die Britse Ope en word in sowel Engeland as Skotland gespeel. Die tweejaarlikse gholftoernooi, die Ryderbeker, is na die Engelse sakeman Samuel Ryder genoem wat die geleentheid geborg en die trofee geskenk het.[8] Nick Faldo is die suksesvolste Ryderbeker-speler ooit wat die meeste punte (25) van enige speler van die Europese of Amerikaanse spanne behaal het.[9] Tennis het in die laat 19de eeu in Birmingham ontwikkel en die Wimbledon-kampioenskap is die oudste en gewildste tennistoernooi wêreldwyd. Wimbledon is 'n toernooi wat 'n belangrike plek in die Britse kultuurkalender het. Fred Perry was die laaste Engelsman wat die Wimbledon-kampioenskap in 1936 gewen het. Hy was die eerste speler wat al vier Grand Slam-enkelspeletjies gewen het[10] en het die span van Groot-Brittanje tot vier Davisbeker-oorwinnings gelei. Engelse vroue wat Wimbledon gewen het, sluit in: Ann Haydon Jones in 1969 en Virginia Wade in 1977. Die Britse Grand Prix van 1950 op die Silverstone-renbaan was die eerste van die nuutgeskepte Formule Een Wêreldkampioenskap.[11] Sedertdien behoort Engelse renjaers tot die suksesvolste in die Formule Een-geskiedenis, insluitende Stirling Moss, Nigel Mansell, Damon Hill, Lewis Hamilton en Jenson Button. Van die mees tegnies gevorderde renmotors word in Engeland vervaardig en baie van die hedendaagse wedrenmaatskappye kies Engeland as hul basis van bedrywighede weens die ingenieurswese se kennis en organisasie. McLaren Automotive, Williams Grand Prix Engineering, Team Lotus, Honda, Brawn GP, Benetton, Renault en Red Bull Racing is, of was, almal in die suide van Engeland gevestig. Londen het die Olimpiese Somerspele reeds drie keer aangebied (1908, 1948 en 2012). Engeland ding in die Statebondspele mee, wat elke vier jaar aangebied word, waarvan die Interrykkampioenskappe 1911 in Londen, die Britse Rykspele 1934 in Londen en die Statebondspele van 2002 in Manchester gehuisves was. Die Engelse stad Birmingham sal die Statebondspele in 2022 aanbied.[12] VerwysingsWysig - ( ) "Population Estimates for UK, England and Wales, Scotland and Northern Ireland: mid-2016". Besoek op 5 Mei 2018. - ( ) "2011 UK censuses". Office for National Statistics. Besoek op 24 Augustus 2014. - ( Paul Mitchell. ) "The first international football match". BBC. Besoek op 5 Mei 2018. - ( ) "It is now' for England". FIFA.com. Besoek op 5 Mei 2018. - ( ) "Tracking 30 years of TV's most watched programmes". BBC. 22 Januarie 2012. Besoek op 5 Mei 2018. - ( ) "Origins of Rugby – Codification "The innovation of running with the ball was introduced some time between 1820 and 1830."". Rugbyfootballhistory.com. Besoek op 5 Mei 2018. - ( ) "Scotland is the home of golf". PGA Tour official website. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Augustus 2008. Besoek op 4 Desember 2008. Scotland is the home of golf ... - ( Fry, Peter (Julie 2000). Samuel Ryder: The Man Behind the Ryder Cup. Wright Press. ) - ( ) "Sir Nick Faldo drives on in business world". BBC. 26 September 2012. Besoek op 5 Mei 2018. - ( Jackson, Peter (3 Julie 2009). ) "Who was Fred Perry?". BBC. Besoek op 5 Mei 2018. - ( ) "The History of British Motorsport and Motor Racing at Silverstone". Silverstone. Silverstone.co.uk. Besoek op 5 Mei 2018. - ( ) "Commonwealth Games: Birmingham announced as host of 2022 event". BBC. 21 Desember 2017. Besoek op 5 Mei 2018.
<urn:uuid:de39318f-3233-4b39-ab95-d3e31dd21d50>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Engeland
2019-07-23T21:56:37Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529737.79/warc/CC-MAIN-20190723215340-20190724001340-00021.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999808
false
Uraan Uraan is 'n silwerwit metaalagtige chemiese element in die aktiniede reeks van die periodieke tabel, met 'n atoomgetal van 92. Die chemiese simbool U word aan uraan voorgeskryf. 'n Uraan-atoom het 92 protone en 92 elektrone. 6 van die elektrone is valenselektrone. Die uraankern bevat tussen 141 en 146 neutrone, wat die 6 isotope van uraan bevestig, die algemeenste hiervan is uraan-238 (146 neutrone) en uraan-235 (143 neutrone). Al hierdie isotope is onstabiel en uraan se radioaktiwiteit is redelik swak. Uraan het die tweede hoogste atoomgetal van elemente wat natuurlik voorkom, naas plutonium-244.[2] Uraan se digtheid is omtrent 71% hoër as dié van lood, maar nie so dig soos goud of wolfram nie. In die natuur kom dit in lae konsentrasies voor (min deeltjies per miljoen) in grond, rotse en water, en word kommersieel ontgin uit uraandraende minerale soos uraniniet. In die natuur kom uraan voor as uraan-238 (99,284%), uraan-235 (0,711%),%),[3] en baie klein hoeveelhede uraan-234 (0,0058%). Uraan verval stadig deur die uitstraling van 'n alfadeeltjie. Die halfleeftyd van uraan-238 is omtrent 4,47 miljard jaar en vir uraan-235 is dit 704 miljoen jaar,[4] wat dit nuttig maak vir die datering van die Aarde se ouderdom. Hedendaagse gebruike van uraan baat by die unieke kerneienskappe daarvan. Uraan-235 word geken daarvoor dat dit die enigste splytbare isotoop is wat natuurlik voorkom. Uraan-238 is splytbaar deur vinnige neutrone en is ook fertiel (wat omgeskakel kan word na splytbare plutonium-239 in 'n kernreaktor). 'n Kunsmatige splytbare isotoop, uraan-233 kan geproduseer word vanuit natuurlike torium, wat ook belangrik is vir kerntegnologie. Uraan-235, en tot 'n mindere mate uraan-233, het 'n hoër waarskynlikheid vir spontane kernsplyting as uraan-238 wanneer dit deur stadige neutrone gebombardeer word. Hierdie kernreaksie genereer die hitte in kernreaktore en voorsien die kernsplytingsmateriaal vir kernwapens. Albei gebruike is afhanklik van die beskikbaarheid van uraan om 'n volhoubare kernkettingreaksie voort te bring. Verarmde uraan (uraan-238) word gebruik in kinetiese energie penetratore en in pantserplate.[5] Uraan word gebruik as 'n kleurmiddel in uraanglas, wat 'n oranje-rooi tot lemoen-geel skynsels produseer. Dit was ook gebruik vir tinte en beskaduwing tydens vroeë fotografie. Die ontdekking van uraan in die mineraal Uraniniet (of pikblende) in 1789 kan aan Martin Heinrick Klaproth toegeskryf word. Hy het die element vernoem na die planeet Uranus. Eugène-Melchior Péligot was die eerste persoon wat die metaal geskei het, en die radioaktiewe eienskappe daarvan is ontdek in 1896 deur Antoine Becquerel. Navorsing van Enrico Fermi en ander persone wat in 1934 begin het, het gelei tot die gebruik daarvan in die kernkragindustrie en in Little Boy, die eerste kernwapen wat gebruik is in 'n oorlog. 'n Daaropvolgende bewapeningsresies gedurende die Koue Oorlog tussen die Verenigde State van Amerika en die Sowjetunie het tienduisende kernwapens geproduseer wat verrykte uraan en uraan-verarmde plutonium gebruik. Die bewaring van daardie wapens en hul kernmateriaal na die ineenstorting van die Sowjetunie in 1991 is steeds 'n voortdurende bekommernis vir gesondheid en veiligheid van die publiek.[6] Inhoud - 1 Eienskappe - 2 Toepassings - 3 Geskiedenis - 4 Voorkoms - 5 Verbindings - 6 Minerale - 7 Notas - 8 Bronne - 9 Eksterne skakels Eienskappe[wysig | wysig bron] Wanneer uraan gesuiwer word, is dit 'n silwer-wit, swak radioaktiewe metaal, weinig sagter as staal,[7] sterk elektropositief en 'n swak elektriese geleier.[8] Dit is pletbaar, smeebaar en effens paramagneties.[7] Uraanmetaal het 'n baie hoë digtheid, omtrent 70% digter as lood, maar effens minder dig as goud. Uraanmetaal reageer met byna alle nie-metaal elemente en hul chemiese verbindings, met 'n reaktiwiteit wat verhoog met temperatuur.[9] Soutsuur en salpetersuur los uraan op, maar nie-oksiderende sure val die element baie stadig aan.[8] Indien dit fyn gemaal word, sal uraan met koue water reageer, en in lug word uraanmetaal bedek met 'n donker laag uraanoksied.[7] Uraan in erts word chemies onttrek en omgeskakel na uraandioksied of ander chemiese vorme wat in die industrie gebruik kan word. Uraan-235 is kernsplytbaar, en die eerste isotoop wat ontdek is met hierdie eienskap. Ander natuurlike isotope kan splytbaar gemaak word, maar kom nie in die natuur in daardie toestand voor nie. Wanneer uraan-235 met stadige neutrone gebombardeer word, sal hierdie isotoop in die meeste gevalle opdeel in twee kleiner atoomkerne, die kernverbindingsenergie loslaat, en ook nog neutrone. Wanneer hierdie neutrone weer deur ander uraan-235 kerne geabsorbeer word, sal 'n kernkettingreaksie begin wat tot 'n ontploffing kan lei, indien die reaksie nie verstadig word deur 'n neutron bemiddelaar nie. Laasgenoemde absorbeer die vrye neutrone. So min as 7 kg uraan-235 kan gebruik word om 'n atoombom te maak.[10] Die eerste kernbom wat in oorlog gebruik is, Little Boy, het staatgemaak op uraansplyting, maar die eerste kernontploffing (The gadget) en die bom wat Nagasaki verwoes het (Fat Man), was plutonium bomme. - α (ortorombies) stabiel tot en met 660 °C - β (tetragonaal) stabiel vanaf 660 °C tot 760 °C - γ (liggaamgesentreerde kubies) vanaf 760 °C tot en met smeltpunt—dit is die mees plet- en rekbare toestand. Toepassings[wysig | wysig bron] Militêr[wysig | wysig bron] Uraan word hoofsaaklik in die militêre sektor gebruik in hoë-digtheid penetratore. Hierdie ammunisie bestaan gewoonlik uit 'n verarmde uraan-allooi met 1 tot 2% ander elemente. Met 'n hoë snelheidsimpak sorg die digtheid, hardheid, en vlambaarheid van die projektiel vir die vernietiging van swaar gepantserde voertuie. Tenkpantser en ander verwyderbare voertuigpantser word ook verhard met verarmde uraanplate. Die gebruik van verarmde uraan in wapens na die Persiese Golf- en Balkanoorloë het in politieke en omgewingskringe betwisbaar geraak — die gevolge van uraanverbindings in die grond is vervolgens bevraagteken (sien Golfoorlogsindroom).[10] Verarmde uraan word ook gebruik as skutmateriaal in sommige houers wat radioaktiewe materiale stoor. Alhoewel die metaal op sigself radioaktief is, maak die hoë digtheid dit meer doeltreffend as lood om radiasie vanaf sterk bronne, soos radium, te stop.[8] Ander gebruike van verarmde uraan sluit die volgende in: teengewigte vir vliegtuigbeheeroppervlaktes, ballas in missiel herintrede voertuie, en as skutmateriaal.[7] Weens uraan se hoë digtheid, word hierdie materiaal gebruik in traagheidsgeleidingstelsels en in giroskopiese kompasse.[7] Verarmde uraan geniet voorkeur bo soortgelyke digte materiale weens die betreklik maklike masjieneerbaarheid, gieting, en die relatiewe lae koste daarvan.[12] Die hoof risiko van blootstelling deur verarmde uraan is chemiese vergiftiging deur uraanoksied — 'n groter risiko as radioaktiewe bestraling (uraan is 'n swak alfa-uitstraler). Gedurende die einde van die Tweede Wêreldoorlog, die Koue Oorlog, en in 'n mindere mate na dit, was uraan gebruik as 'n bron van kernspytingsmateriaal vir die produksie van kernwapens. Daar was hoofsaaklik twee tipes kernsplytingsbomme gebou: 'n relatief eenvoudige toestel wat uraan-235 gebruik, en 'n meer ingewikkelde meganisme wat uraan-238-afgeleide plutonium-239 gebruik het. Later is 'n meer komplekse en by verre kragtige fusiebom ontwikkel: 'n plutonium gebaseerde toestel in 'n uraan-omhulsel wat veroorsaak dat 'n mengsel tritium en deuterium kernfusie ondergaan.[13] Siviel[wysig | wysig bron] Uraan word in die siviele sektor hoofsaaklik gebruik as 'n bron van brandstof vir kernkragsentrales. Een kilogram uraan-235 kan teoreties ongeveer 80 biljoen joule energie (8×1013 joule) verskaf, met die aanname dat volledige kernsplyting plaasvind, wat 3 000 ton steenkool verteenwoordig.[5] Kommersiële kernkragaanlegte gebruik tipies brandstof wat verryk is tot ongeveer 3% uraan-235.[5] Die CANDU-reaktor is die enigste kommersiële reaktor wat die vermoë het om onverrrykte uraan te gebruik. Brandstof wat vir die V.S.A. vloot se kernskepe gebruik word is gewoonlik hoogs verryk met uraan-235 (die eksakte waardes is geklassifiseerd). In 'n kweekreaktor kan uraan-238 omgeskakel word in plutonium deur die volgende reaksie:[7] 238U (n, gamma) → 239U -(beta) → 239Np -(beta) → 239Pu. Een van die groot probleemareas rondom die gebruik van uraan in kernkragtegnologie is die verwydering daarvan. Konvensionele kernreaktore verbruik slegs tussen 1 tot 2% uraanbrandstof. Voor die ontdekking van radioaktiwiteit was uraan hoofsaaklik gebruik in klein hoeveelhede vir die vervaardiging van geel glas en die verglasing van potte, byvoorbeeld uraanglas en in Fiestaware. Die ontdekking en isolering van radium in uraanerts (pikblende) deur Marie Curie het aanleiding gegee tot die ontginning van uraan vir radium-ekstraksie, wat gebruik was om naggloeiende verwe vir horlosies en vliegtuigwyserplate te maak.[14] Dit het veroorsaak dat kolossale hoeveelhede uraan vir afvalproduk gelaat is, omdat ongeveer drie ton uraan verwerk moet word vir een gram radium. Hierdie afvalproduk is gestuur na die verglasingsindustrie, wat uraanverglasing goedkoop en volop gemaak het. Afgesien die verglasing in pottebakkerye, het uraanteëlvervaardiging die meeste van die gebruik opgeneem, vanwaar die groen, geel, ligpers, swart, blou, rooi en ander kleure vir gewone badkamer- en kombuisteëls. Uraan was ook gebruik in fotografiese chemikalieë (veral uraannitraat in die ink),[7] in lampgloeidrade, vir die voorkoms van kunsgebitte, en in die leer- en houtbedrywe as kleurmiddel. Uraansoute word gebruik as 'n bytstof in sy of wol. Uranielasetaat en uranielformaat word gebruik vir elektondigte “kleurmiddels” in elektronmikroskopie, vir die kontras van biologiese eksemplare in ultradun dele en vir die negatiewe klad van virusse, geïsoleerde selorganelle en makromolekules. Die ontdekking van radioaktiwiteit in uraan het tot die addisionele wetenskaplike en praktiese gebruike van die element gelei. Die lang halfleeftyd van die uraan-238 isotoop (4,51×109 jaar) word gebruik in die beraming van die vroegste vulkaniese rotse, en vir ander tipes radiometriese datering, wat uraan-lood datering en uraan-torium datering insluit. Uraanmetaal word gebruik vir X-straal teikens wanneer hoë-energie X-strale gemaak word.[7] Geskiedenis[wysig | wysig bron] Prehistoriese, natuurlike kernsplyting[wysig | wysig bron] In 1972 het die Franse fisikus, Francis Perrin, vyftien antieke en onaktiewe natuurlike kernsplytingsreaktore ontdek in drie afsonderlike ertsneerslae by die Oklo myn in Gaboen, Wes-Afrika. Dit staan gesamentlik bekend as die Oklo-Fossielreaktore. Die ertsneerslag word rondom 1,7 biljoen jaar oud beraam; dit word beweer dat op daardie stadium het uraan-235 omtrent drie persent van die totale uraan op die Aarde beslaan.[15] Die uraan-235 inhoud is hoog genoeg sodat 'n volhoubare kernsplytingskettingreaksie toegelaat is, op voorwaarde dat ander ondersteunende toetande ook bestaan. Die kapasiteit van die omliggende sediment vir die berging van kernafval is deur die V.S.A. se federale regering aangehaal as bewyse vir die lewensvatbaarheid om uitgeputte kernafval by die Yucca Berg Kernafval Repositorium te stoor.[15] Gebruike voor ontdekking[wysig | wysig bron] Die gebruik van uraan in die natuurlike oksiedvorm dateer ten minste uit die jaar 79 n.C. toe dit gebruik was vir die byvoeging van 'n geelerige kleur by keramiek verglasing.[7] Geel glas met 1% uraanoksied is in 1912 gevind in 'n Romeinse villa op Kaap Posillopo in die Baai van Napels, Italië deur R.T. Gunther van die Oxford Universiteit.[16] In die beginjare van die Middeleeue was pikblende onttrek vanuit die Habsburg silwermyne in Joachimsthal, Boheme (nou Jáchymov in die Tseggiese Republiek), en gebruik as 'n kleurmiddel in die plaaslike glasvervaardigingsbedryf.[17] In die vroeë 19de eeu was die wêreld se bekendste bronne van uraanerts eens hierdie myne. Ontdekking[wysig | wysig bron] Die ontdekking van uraan kan toegeskryf word aan die Duitse chemikus, Martin Heinrich Klaproth. Terwyl hy te werk was in sy ekspertimentele laboratorium in Berlyn in 1789, was Klaproth in staat om 'n gelerige verbinding in neerslagvorm (waarskynlik natriumdiuranaat) te skei deur pikblende in salpetersuur op te los, en die oplossing te neutraliseer met natriumhidroksied.[17] Klaproth het die fout gemaak om aan te neem dat die geel stof 'n oksied van 'n onontdekte element was. Hy het dit met houtskool verhit, 'n swart poeier verkry, en verneem die poeier is die nuut ontdekte metaal op sigself (inteendeel, daardie poeier was 'n oksied van uraan).[17][18] Hy het die nuutontdekte element na die planeet Uranus vernoem, wat William Herschel ag jaar vantevore ontdek het.[19] In 1841 het Eugène-Melchior Péligot, 'n professor van Analitiese Chemie aan die Conservatoire National des Arts et Métiers (Sentrale Skool van Kunste en Vervaardigings) in Parys, die eerste monster uraanmetaal geskei deur uraantetrachloried te verhit met kalium.[17][20] In 1850 is die eerste kommersiële gebruik van uraan in glas ontwikkel deur Lloyd & Summerfield van Birmingham, Engeland. Uraan was nie juis gevaarlik beskou gedurende die meeste van die 19de eeu nie, wat tot baie gebruike van die element gelei het. Een van daardie gebruike van die oksied was, soos reeds genoem en nie meer 'n geheim nie, die verkleuring van erdewerke en glas. Antoine Henri Becquerel het in 1896 radioaktiwiteit ontdek deur uraan te gebruik.[9] Becquerel het die ontdekking in Parys gemaak deur 'n monster uraansout, K2UO2(SO4)2, bo-op 'n fotografiese plaat te los wat nog nie blootgestel was nie. Hy het opgemerk die plaat wat in 'n laai gelê het, het ‘mistig’ geraak.[21] Hy het beslis dat 'n vorm onsigbare lig of strale wat deur die uraan uitgestraal is, het die plaat blootgestel. [wysig | wysig bron] 'n Span wat deur Enrico Fermi in 1934 gelei is, het waargeneem dat uraan met neutrone gebombardeer die uitstraling van beta strale produseer (elektrone of positrone; sien betadeeltjie).[22] Die spytingsproduk was eers verkeerdelik gesien as nuwe elemente met atoomgetalle 93 an 94, wat die Dekaan van die Fakulteit van Rome, Orso Mario Corbino, ‘’ausonium’’ en ‘’hesperium’’ onderskeidelik gedoop het.[23][24][25][26] Die eksperimente wat gelei het tot die ontdekking van uraan se vermoë om te splyt (uitmekaar te breek) na ligter elemente en dan die bindingsenergie vry te stel was uitgevoer deur Otto Hahn en Fritz Strassmann [22] in Hahn se laboratorium in Berlyn. Lise Meitner en haar familielid, fisikus Otto Robert Frisch, het in Febuarie 1939 die fisiese verduideliking daarvan gepubliseer, en die proses ‘kernsplyting’ benoem.[27] Gou daarna het Fermi gepostuleer dat die kernsplyting van uraan dalk genoeg neutrone kan vrylaat om 'n kernreaksie te onderhou. Sy hipotese is in 1939 bevestig, en later is daar gevind dat 'n gemiddelde van 2,5 neutrone vrygestel word vir elke splyting van die skaars uraan isotoop, uraan-235.[22] Verdere werk het gevind dat die meer algemene uraan-238 isotoop kan getransmuteer word na plutonium, wat, soos uraan-235, ook splytbaar is deur termiese neutrone. Hierdie ontdekkings het talle lande gelei om aan die werk te spring met die ontwikkeling van kernwapens en kernkrag. Op 2 Desember 1942, deel van die Manhattan Projek, het 'n ander span wat gelei was deur Fermi die eerste kunsmatige self-onderhoudende kernkettingreaksie, Chicago Stapel-1 geïnisieer. In 'n laboratorium onder die pawiljoen van Staggveld by die Chicago Universiteit, het hierdie span die regte toestande geskep vir só 'n reaksie deur 360 ton grafiet, 53 ton uraanoksied en 5,5 ton uraanmetaal op te hoop.[22] Bomme[wysig | wysig bron] Twee hooftipes atoombomme was ontwikkel deur die V.S.A. gedurende die Tweede Wêreldoorlog: 'n uraangebaseerde toestel (kodenaam “Little Boy”) met kernmateriaal van hoogs verrykte uraan, en 'n plutoniumgebaseerde toestel (sien Trinity test en “Fat Man”) met plutonium afgelei vanaf uraan-238. Die eerste kernwapen wat in 'n oorlog gebruik was, was die uraangebaseerde Little Boy toestel. Dit was oor die Japannese stad Hiroshima op 6 Augustus 1945 gedetoneer. Die ontploffing was ekwivalent aan 12 500 ton TNT, waarvan die rukwind en termiese golf amper 50 000 geboue en 75 000 mense vernietig het (sien Atoombomwerping van Hiroshima en Nagasaki).[21] Aanvanklik was dit geglo dat uraan betreklik skaars is, en dat kernvermeerdering voorkom kan word deur al die uraanvoorrade uit te koop, maar in 'n dekade is groot uraanreserwes ontdek in baie plekke regoor die wêreld.[28] Reaktore[wysig | wysig bron] Die X-10 Grafietreaktor by Oak Ridge Nasionale Laboratorium (ORNL) in Oak Ridge, Tennessee, voorheen bekend as die Clinton Stapel en X-10 Stapel, was die wêreld se tweede kunsmatige kenreaktor (ná Enrico Fermi se Chicago Stapel), maar die eerste reaktor wat ontwerp was vir voortdurende bedryf. Die Eksperimentele Kweekreaktor I by die Idaho Nasionale Laboratorium (INL) naby Arco, Idaho het die eerste kernreaktor geword om elektrisiteit te produseer, op 20 Desember 1951. Aanvanklik het hierdie reaktor vier 150-watt gloeilampe laat skyn, maar verbeteringe het uiteindelik die reaktor in staat gestel om krag aan die hele fasiliteit te verskaf (later was die hele dorp Arco se elektrisiteit voorsien deur kernkrag, 'n eerste in die wêreld).[29] Die wêreld se eerste kernkragsentrale op kommersiële skaal, die Obninsk Kernkragsentale in die Sowjetunie, het opwekking begin met reaktor AM-1 op 27 Junie 1954. Ander kernkragsentrales wat gevolg het was Sellafield in Engeland wat opwekking begin het op 17 Oktober 1956 [30] en die Shippingport Atomiese Kragstasie in Pennsilvanië met bedryfstelling op 26 Mei 1985. Kernkrag was die eerste keer vir aandrywing gebruik deur 'n duikboot in die USS Nautilus (SSN-571) in 1954.[22] Kontaminasie en die Koue Oorlog nalatenskap[wysig | wysig bron] Bogrondse kerntoetse deur die Sowjetunie en die V.S.A. in die 1950’s en vroeë 1960’s, en deur Frankryk en Israel in die 1970’s en 1980’s[12] het beduidende hoeveelhede kernafval vanaf uraan dogterisotope regoor die wêreld versprei.[31] Addisionele afval en besoedeling het voorgekom vanaf verskeie kernongelukke.[32][33] Uraanmynwerkers toon meer voorvalle van kanker. 'n Oormatige risiko van longkanker tussen die Navajo uraanmynwerkers is gedokumenteer, en skakel nou aan hul beroep.[34] In die V.S.A. is 'n wet, die “Bestraling Blootstelling Kompensasie Wet,” in 1990 deurgevoer wat vereis dat $100 000 vir “medelye betaling” aan uraanmyners met kanker of ander respiratoriese kwale betaal moet word.[35] Gedurende die Koue Oorlog tussen die Sowjetunie en die V.S.A. is enorme voorrade uraan bymekaargemaak en tienduisende kernwapens was geskep deur verrykte uraan, en gemaakte plutonium vanaf uraan. Sedert die Ineenstorting van die Sowjetunie in 1991, word daar beraam dat ongeveer 540 ton hoogs verrykte wapens graaduraan (genoeg om 40 000 kernplofkoppe te maak) gestoor is in fasiliteite met dikwels onvoldoende bewaking in die Russiese Federasie en ander vorige Sowjetstate.[10] Polisie in Asië, Europa en Suid-Amerika het ten minste in 16 gevalle vanaf 1993 tot 2005 gesmokkelde bomgraad uraan- of plutoniumvragte onderskep, die meeste afkomstig vanaf eens Sowjetbronne.[10] vanaf 1993 tot 2005 het die V.S.A. ongeveer $550 miljoen gespandeer vir die beveiliging van uraan en plutonium voorrade in Rusland.[10] Hierdie geld was gebuik vir die verbetering en sekuriteitsverhoging by navorsing- en stoorfasiliteite. Die Scientific American het in Februarie 2006 gerapporteer dat sommige van hierdie fasiliteite se sekuriteit hewig vervalle kettingskakelomheinings beslaan. Volgens 'n onderhoud in die artikel het een van hierdie fasiliteite monsters verrykte (wapengraad) uraan in 'n besemkas gestoor voor die verbeteringsprojek; 'n ander het boekgehou van die kernplofkopvoorraad deur die bewaring van indekskaarte in 'n skoenboks.[36] Voorkoms[wysig | wysig bron] Bioties en abioties[wysig | wysig bron] Uraan is 'n element wat natuurlik voorkom, en gevind word in lae konsentrasies in alle rotse, grond en water. Uraan is ook die element met die hoogste atoomgetal wat natuurlik op die aarde voorkom in beduidende hoeveelhede, en word altyd gevind in verbinding met ander elemente.[7] Saam met ander elemente met hoër atoomgetalle as dié van yster, word dit net natuurlik gevorm in supernovas.[37] Die verval van uraan, torium en kalium-40 in die aarde se mantel word beskou as die hoofbron van hitte[38][39] wat die buitense kern 'n vloeistof hou en die mantel konveksie dryf, wat op sy beurt weer plaattektoniek veroorsaak. Uraan se gemiddelde konsentrasie in die Aarde se kors is (afhangend van die bron) 2 tot 4 dele per miljoen,[8][12] of omtrent 40 keer meer volop as silwer.[9] Daar word bereken dat die aarde se kors vanaf die oppervalk tot sowat 25 km afwaarts bevat 1017 kg uraan, terwyl die oseaan dalk ongeveer 1013 kg kan bevat.[8] Die konsentrasie van uraan in grond strek van 0,7 tot 11 dele per miljoen (en tot 15 dele per miljoen in landbougrond, weens die gebruik van fosfaat kunsmis) en die konsentrasie in seewater is 3 dele per miljard.[12] Uraan is meer oorvloedig as antimoon, tin, kadmium, kwik, of silwer, en is omtrent so volop soos arseen of molibdeen.[7][12] Uraan word gevind in honderde tipes minerale, wat uraniniet (die mees algemene uraanerts), karnotiet, autuniet, uranofaan, toberniet, en koffiniet insluit.[7] In uraanryke ertse kom beduidende hoeveelhede uraankonsentrasies voor, soos fosfaatklipneerslae, en minerale soos ligniet- en monasietsande[7] (dit word kommersieel herwin vanuit bronne met so min as 0,1% uraan[9]). Sommige organismes, soos die korsmos Trapelia involuta of mikroörganismes soos die bakterie Citrobacter, kan konsentrasies uraan absorbeer tot 300 keer hoër as hul omgewing. .[41] Citrobacter spesies absorbeer uranielione wanneer gliserolfosfaat (of ander soortgelyke organiese fosfate) aan hulle gegee word. Na een dag kan een gram bakterieë bekors word met nege gram uranielfosfaatkristalle; dit skep die moontlikheid dat hierdie organismes in biogeneeskunde tot die onbesoedeling van uraan-gekontamineerde water gebruik kan word.[17][42] In die natuur vorm uraan(VI) 'n hoogs oplosbare karbonaat komplekse by hoë pH’s (basies). Dit lei tot 'n verhoging in vervoerbaarheid en beskikbaarheid van uraan om vanaf kernafval na grond en ondergrondse water te beweeg, wat kan lei tot gesondheidsgevare. Dit is egter moeilik om uraan in die fosfaatvorm te presipiteer indien oortollige karbonaat teenwoordig is by 'n alkaliese pH. Daar is gevind dat 'n Sphingomonas sp. stam 'n hoë aktiwiteit alkaliese fosfatase kan uitdruk, wat al toegepas is vir die biopresipitasie van uraan in uranielfosfaat spesies vanuit alkaliese oplossings. Die presipitasie vermoë was verhoog deur die fosfatase proteïen in E. coli oormatig uit te druk.[43] Plante absorbeer sommige uraan vanuit grond. Droë-gewig konsentrasies uraan in plante wissel van 5 tot 60 dele per miljard, en as wat verkry word uit verbrande hout kan konsentrasies tot 4 dele per miljoen bevat.[17] Droë-gewig konsentrasies uraan in voedselplante is tipies laer met een tot twee mikrogram per dag, wat ingeneem word deur dit wat mense eet.[17] Produksie en ontginning[wysig | wysig bron] Uraanproduksie wêreldwyd het in 2006 39 655 ton behaal, waarvan 25% ontgin is in Kanada. Ander belangrike lande wat uraan myn is Australië (19,1%), Kasakstan (13,3%), Niger (8,7%), Rusland (8,6%), en Namibië (7,8%). Uraanerts word gemyn met verskeie metodes: oopgroef, ondergronds, in situ loging, en deur boorgatmyne.[5] Lae graad uraanerts wat ontgin is in 2006 bevat tipies 0,01 tot 0,25% uraanoksides. Omvangryke ekstaksiemetodes moet toegepas word om metaal van die erts te skei.[44] Hoë graad erts wat gevind word in die Athabasca Kom, Saskatchewan, Kanada kan tot 23% uraanoksiedes op 'n gemiddelde basis bevat.[45] Uraanerts word verbrysel en verwerk tot 'n fyn poeier en dan geloog met óf 'n suur óf 'n alkali. Die uitgeloogde produk word dan onderwerp aan verskeie stappe van presipitering, oplosmiddel ekstraksie, en ioonuitruiling. Die mengsel wat verkry word, genaamd geelkoek, bevat ten minste 75% uraanoksides. Geelkoek word dan gekalsineer om onsuiwerhede van te malingsproses te verwyder voor verdere verwerking.[46] Kommersiële graad uraan kan geproduseer word deur die reduksie van uraanhaliede met 'n alkali-metaal of 'n alkali-aard metaal.[7] Uraanmetaal kan ook voorberei word deur elektoliese van KU5 of uraantetrafloried, opgelos in 'n gesmelte kalsiumchloried en natriumchloried oplossing.[7] Baie suiwer uraan word geproduseer deur die termiese ontbinding van uraanhaliedes in 'n warm filament.[7] Bronne en reserwes[wysig | wysig bron] Ekonomiese uraanbronne sal vir ongeveer 100 jaar teen die 2006 verbruikingstempo voortbestaan, terwyl dit verwag word dat omtrent dubbel daardie hoeveelheid nog ontdek moet word. Met herverwerking en herwinning kan hierdie reserwes 'n nog vir duisende jare lewer.[47] Daar word beraam dat 5,5 miljoen ton uraanerts reserwes ekonomies ontginbaar is teen US$59/lb,[47] terwyl 35 miljoen ton geklassifiseer word as mineraalhulpbonne (redelike vooruitsigte vir uiteindelike ekonomiese ontginning).[48] 'n Beraamde, bykomende 4,6 miljard ton uraan word gevind in seewater (Japannese wetenskaplikes in die 1980’s het bewys dat die ekstraksie van uraan vanuit seewater deur ioonuitruiling te gebruik is tegnies moontlik).[49][50] Uraaneksplorasie neem toe met US$200 miljoen wat wêreldwyd gespandeer is in 2005, 'n 54% toename op die vorige jaar.[48] Hierdie tendens het deur 2006 aangehou, toe eksplorasie-uitgawes tot oor $774 miljoen opgeskiet het, 'n toename oor 250% in vergelyking met 2004. Sommige kernbrandstowwe word verkry vanuit gedemonteerde kernwapens.[53] Voorraad[wysig | wysig bron] In 2005 het sewentien lande gekonsentreerde uraanoksiedes geproduseer, met Kanada (27,9% van die wêreld se produksie) en Australië (22,8%) die wêreld se grootste produsente, asook Kasakstan (10,5%), Rusland (8,0%), Namibië (7,5%), Niger (7,4%), Usbekistan (5,5%), die V.S.A. (2,5%), Argentinië (2,1%), Oekraïne (1,9%) en China (1,7%) wat noemenswaardige hoeveelhede produseer.[54] In Kasakstan neem produksie gedurig toe, en mag selfs die wêreld se grootse produsent raak met 'n verwagte produksie van 12 826 ton vir 2009, in vergelyking met Kanada en Australië se verwagte 11 100 en 9 430 ton onderskeidelik.[55][56] Daar word geglo dat die beslissende hoeveelheid beskikbare uraan genoegsaam vir ten minste die volgende 85 jaar sal wees,[48] alhoewel sommige studies toon dat onderbelegging in die laat twintigste eeu voorsieningsprobleme in die 21ste eeu kan veroorsaak.[57] Kenneth S. Deffeyes en Ian D. MacGregor het dit uitgewys dat uraanneerslae blykbaar in 'n logaritmiese-normale verspreiding voorkom. Daar is 'n 300-voudige toename in die herwinbare uraanhoeveelhede vir elke tienvoudige toename in die ertsgraad.[58] Dit beteken dat daar is min hoëgraad-erts beskikbaar teenoor direk eweredige laegraad-erts in 'n meerdere mate. Verbindings[wysig | wysig bron] Oksidasietoestande en oksiedes[wysig | wysig bron] Oksiedes[wysig | wysig bron] Gekalsineerde uraan geelkoek wat geproduseer word in baie groot meule bevat 'n verspreiding van uraanoksied spesies in die verskeie vorme wat strek van die mees tot minste geoksideerde toestand. Deeltjies met kort residensie tye in 'n kalsieeroond sal gewoonlik minder geoksideerd wees as dié met langer residensie tye, of deeltjies wat in die skoorsteenskroptoring herwin word. Daar word gewoonlik na 'n uraaninhoud van U3O8 verwys, wat dateer uit die dae van die Mahattan Projek toe U3O8 gebruik was as 'n analitiese chemie standaard vir verslae. Fase verhoudings in die uraan-suurstof stelsel is redelik kompleks. Die mees geoksideerde toestand van uraan is uraan(IV) en uraan(VI), asook hul twee ooreenstemmende oksiedes wat onderskeidelik uraandioksied (UO2) en uraantrioksied (UO3) heet.[59] Ander uraanoksides soos uraanmonoksied (UO) en uraanperoksied (UO4•2H2O) bestaan ook. Die mees algemene vorm van uraanoksied is triuraanoktaoksied (U3O8) en UO2.[60] Albei oksied vorme is vastestowwe met 'n lae oplosbaarheid in water, en relatief stabiel oor 'n wye reeks omgewingstoestande. Triuraanoktaoksied is (afhangende van die toestande) die mees stabiele vorm van uraan en is ook die mees algemene vorm wat in die natuur voorkom. Uraandioksied is die vorm wat algemeen as 'n kernreaktorbrandstof gebruik word.[60] By omgewingstemperature sal UO2 geleidelik omskakel in U3O8. Die stabiliteit van uraanoksides maak dit die voorkeur vorm vir uraanberging en verwydering.[60] Waterige chemie[wysig | wysig bron] Soute van al vier uraan oksidasie toestande is wateroplosbaar en word bestudeer in waterige oplossings. Die oksidasie toestande is: U3+ (rooi), U4+ (groen), UO2+ (onstabiel), en UO22+ (geel).[61] 'n Klein hoeveelheid vastestof en halfmetaalverbindings, soos UO en US, bestaan vir die oksidasietoestand uraan(II), maar geen eenvoudige ione kom voor nie. Ione van U3+ maak waterstof vry vanuit water en word dus baie onstabiel beskou. Die UO22+-ioon verteenwoordig die uraan(VI) toestand en kom voor in verbindings soos uranielkarbonaat, uranielchloried en uranielsulfaat. UO22+ vorm ook chemiese komplekse met verskeie organiese chelaat-agente, soos uranielasetaat – die mees algemene vorm.[61] Kabonate[wysig | wysig bron] Die wisselwerking van kabonaat anione met uraan(VI) veroorsaak dat die Pourbaix diagram noemenswaardig gewysig word indien die medium vanaf 'n wateroplossing na oplossing wat karbonaat bevat verander. Terwyl die meerderheid karbonate onoplosbaar in water is, is uraankarbonate soms wel oplosbaar in water. Dit is so omdat 'n U(VI) katioon kan bind met twee terminale oksides en drie of meer karbonate om 'n anioonkompleks te vorm. Die effek van pH[wysig | wysig bron] Die uraanfraksie diagramme met die teenwoordigheid van karbonate illustreer dit verder: wanneer die pH van 'n uraan(VI) oplossing vermeerder, sal die uraan omgeskakel word na 'n hidreerde uraanoksied hidroksied en by hoë pH’s sal dit 'n anioniese hidroksiedkompleks word. Wanneer karbonate bygevoeg word, sal uraan omgeskakel word na 'n reeks karbonaatkomplekse indien die pH vermeerder. Een gevolg van hierdie reaksies is die toename in oplosbaarheid van uraan in 'n pH reeks van 6 tot 8 'n verskynsel wat 'n invloed het op die langtermyn stabiliteit van uitgeputte uraandioksied kernbrandstowwe. Hidrides, karbides, en nitrides[wysig | wysig bron] Uraan wat verhit word in die teenwoordigheid van waterstof by 'n temperatuur van 250 tot 300 °C reageer om uraanhidried te vorm. By hoër temperature sal die waterstof omkeerbaar verwyder word. Hierdie eienskap van uraan maak uraanhidrides geskik as 'n begin-materiaal vir die vervaardiging van reaktiewe met verskeie ander karbiede-, nitriede-, en haliedeverbindings.[63] Twee kristal veranderinge van uraanhidried betaan: 'n α vorm verkrygbaar teen lae temperature, en 'n β vorm wat geskep word teen temperature bo 250 °C.[63] Albei uraankarbides en uraannitrides is realtief inerte halfmetaalagtige verbindings wat minimaal oplosbaar is in sure, reageer met water, en kan verbrand in lug om U3O8 te vorm.[63] Karbides van uraan sluit uraanmonokarbied (UC), uraandikarbied (UC 2), en diuraantrikarbied (U2C3) in. UC en UC2 word gevorm deur koolstof by gesmelte uraan te voeg, of deur die uraanmetaal aan koolstofmonoksied by hoë termperature bloot te stel. U2C3 is stabiel onder 1 800 °C, en word voorberei deur 'n verhitte mengsel UC en UC2 onder meganiese spanning te onderwerp.[64] Uraannitrides word verkry deur die direkte blootstelling van die metaal aan stikstof insluitend unraanmononitried (UN), uraandinitried (UN2) en diuraantrinitried (U2N3).[64] Halides[wysig | wysig bron] Alle uraanfluoride word geskep deur uraantetrafluoried te gebruik (UF4); UF4 word self voorberei deur die hidrofluorinering van uraandioksied.[63] Die reduksie van UF4 met waterstof teen 'n temperatuur van 1 000 °C produseer uraantrifluoried UF3. Onder die korrekte toestande – temperatuur en druk – sal die reaksie tussen soliede UF4 met uraanheksafluoriedgas (UF6) intermediêre fluorides vorm soos U2F9, U4F17 en UF5.[63] Teen kamertemperatuur het UF6 'n hoë dampdruk, wat dit gebruiklik maak in die gasdiffusie proses om uraan-235 vanuit die meer algemene uraan-238 isotoop te skei. Hierdie verbinding kan voorberei word uit uraandioksied en uraanhidried deur die volgende proses:[63] - UO2 + 4 HF → UF4 + 2 H2O (500 °C, endotermies) - UF4 + F2 → UF6 (350 °C, endotermies) Een metode om uraantetrachloried (UCl4) te berei is deur die reaksie tussen chloor met uraanmetaal of uraanhidried. Die reduksie van UCl4 in die teenwoordigheid van waterstof produseer uraantricloried (UCl3) terwyl hoër uraanchlorides geproduseer word deur die reaksie met bykomstige chloor.[63] Alle uraanchlorides reageer met water en lug. Bromides en jodides van uraan word gevorm deur die direkte reaksie van broom en jodium, ooreenkomstig, of deur die addisie van UH3 by die betrokke element se sure.[63] Bekende voorbeelde sluit die volgende in: UBr3, UBr4, UI3 en UI4. Uraanoksihalides is wateroplosbaar en sluit UO2F2, UOCl2, UO2Cl2 en UO2Br2 in. Die stabiliteit van oksihalides verminder soos die atoommassa van die halide komponent toeneem.[63] Minerale[wysig | wysig bron] Notas[wysig | wysig bron] - The Chemistry of the Actinide and Transactinide Elements: Third Edition by L.R. Morss, N.M. Edelstein, J. Fuger, eds. (Netherlands: Springer, 2006.) - (1971) “Detection of Plutonium-244 in Nature”. Nature 234: 132–134. doi:10.1038/234132a0. - "Health Concerns about Military Use of Depleted Uranium" (PDF). - "WWW Table of Radioactive Isotopes". - Emsley 2001, p. 479. - "U.S. to pump money into nuke stockpile, increase security," RIA Novosti February 18, 2010 - C. R. Hammond (2000). The Elements, in Handbook of Chemistry and Physics 81st edition (PDF). CRC press. ISBN 0-8493-0481-4. - "Uranium". The McGraw-Hill Science and Technology Encyclopedia (5th edition). The McGraw-Hill Companies, Inc.. - "uranium". Columbia Electronic Encyclopedia (6th Edition). Columbia University Press. - "uranium". Encyclopedia of Espionage, Intelligence, and Security. The Gale Group, Inc.. - A. D. Rollett (2008). Applications of Texture Analysis. John Wiley and Sons. p. 108. ISBN 0-470-40835-9. - Emsley 2001, p. 480. - "Nuclear Weapon Design". Federation of American Scientists. 1998. Besoek op 2007-02-19. - "Dial R for radioactive – 12 July 1997 – New Scientist". Newscientist.com. Besoek op 2008-09-12. - "Oklo: Natural Nuclear Reactors". Office of Civilian Radioactive Waste Management. Besoek op 28 Junie 2006. - Emsley 2001, p. 482. - Emsley 2001, p. 477. - M. H. Klaproth (1789). “Chemische Untersuchung des Uranits, einer neuentdeckten metallischen Substanz”. Chemische Annalen 2: 387–403. - "Uranium". The American Heritage Dictionary of the English Language (4th edition). Houghton Mifflin Company. - E.-M. Péligot (1842). “Recherches Sur L'Uranium”. Annales de chimie et de physique 5 (5): 5–47. - Emsley 2001, p. 478. - Seaborg 1968, p. 773. - Fermi, Enrico (December 12, 1938). "Artificial radioactivity produced by neutron bombardment: Nobel Lecture" (PDF). Royal Swedish Academy of Sciences. - De Gregorio, A. (2003). "A Historical Note About How the Property was Discovered that Hydrogenated Substances Increase the Radioactivity Induced by Neutrons". [physics.hist-ph]. - Nigro, M, (2004). "Hahn, Meitner e la teoria della fissione" (PDF). Besoek op 2009-05-05. - Peter van der Krogt. "Elementymology & Elements Multidict". Besoek op 2009-05-05. - L. Meitner, O. Frisch (1939). “Disintegration of Uranium by Neutrons: a New Type of Nuclear Reaction”. Nature 143: 239–240. doi:10.1038/224466a0. - J.E. Helmreich, Gathering Rare Ores: The Diplomacy of Uranium Acquisition, 1943–1954, Princeton UP, 1986: ch. 10 - "History and Success of Argonne National Laboratory: Part 1". U.S. Department of Energy, Argonne National Laboratory. 1998. Besoek op 2007-01-28. - "1956:Queen switches on nuclear power". BBC news. 1956-10-17. Besoek op 28 Junie 2006. - T. Warneke, I. W. Croudace, P. E. Warwick, R. N. Taylor (2002). “A new ground-level fallout record of uranium and plutonium isotopes for northern temperate latitudes”. Earth and Planetary Science Letters 203 (3–4): 1047–1057. doi:10.1016/S0012-821X(02)00930-5. - Newtan, Samuel Upton (2007). Nuclear War 1 and Other Major Nuclear Disasters of the 20th Century, AuthorHouse. - The Worst Nuclear Disasters - Gilliland, Frank D. MD; Hunt, William C. MS; Pardilla, Marla MSW, MPH; Key, Charles R. MD, PhD (March 2000). “Uranium Mining and Lung Cancer Among Navajo Men in New Mexico and Arizona, 1969 to 1993”. New England Journal of Medicine 42 (3): 278–283. - The History of Uranium Mining and the Navajo People - Glaser, Alexander and von Hippel, Frank N. "Thwarting Nuclear Terrorism" Scientific American Magazine, February 2006 - "WorldBook@NASA: Supernova". NASA. Besoek op 2007-02-19. - Biever, Celeste (27 July 2005). “First measurements of Earth's core radioactivity”. - "Potassium-40 heats up Earth's core". physicsweb. 7 May 2003. Besoek op 2007-01-14. - (2005) “Evidence of uranium biomineralization in sandstone-hosted roll-front uranium deposits, northwestern China”. Ore Geology Reviews 26: 198. doi:10.1016/j.oregeorev.2004.10.003. - Emsley 2001, pp. 476 and 482. - L. E. Macaskie, R. M. Empson, A. K. Cheetham, C. P. Grey, A. J. Skarnulis (1992). “Uranium bioaccumulation by a Citrobacter sp. as a result of enzymically mediated growth of polycrystalline HUO2PO4”. Science 257 (5071): 782–784. doi:10.1126/science.1496397. - K.S. Nilgiriwala, A. Alahari, A. S. Rao & S.K. Apte (September 2008). “Cloning and overexpression of an alkaline phosphatase PhoK from Sphingomonas sp. BSAR-1 for uranium bioprecipitation from alkaline solutions”. Applied and Environmental Microbiology 74 (17): 5516–5523. doi:10.1128/AEM.00107-08. - Seaborg 1968, p. 774. - "Athabasca Basin, Saskatchewan". Besoek op 2009-09-04. - C. K. Gupta, T. K. Mukherjee (1990). Hydrometallurgy in extraction processes, Volume 1. CRC Press. pp. 74–75. ISBN 0-8493-6804-9. - "Exploration drives uranium resources up 17%<!- Bot generated title ->". World-nuclear-news.org. Besoek op 2008-09-12. - "Global Uranium Resources to Meet Projected Demand". International Atomic Energy Agency. 2006. Besoek op 2007-03-29. - "Uranium recovery from Seawater". Japan Atomic Energy Research Institute. 1999-08-23. Besoek op 2008-09-03. - "How long will nuclear energy last?". 1996-02-12. Besoek op 2007-03-29. - "Supply of Uranium". - "Uranium Mining and Processing in South Australia". South Australian Chamber of Mines and Energy. 2002. Besoek op 2007-01-14. - Military Warheads as a Source of Nuclear Fuel - "World Uranium Production". UxC Consulting Company, LLC. Besoek op 2007-02-11. - Posted by Mithridates (July 24, 2008). "Page F30: Kazakhstan to surpass Canada as the world's largest producer of uranium by last year (2009)". Mithridates.blogspot.com. Besoek op 2008-09-12. - "ZAMAN GAZETESİ [İnternetin İlk Türk Gazetesi] - Kazakistan uranyum üretimini artıracak<!- Bot generated title ->" (in Turks). Zaman.com.tr. Besoek op 2008-09-12. - "Lack of fuel may limit U.S. nuclear power expansion". Massachusetts Institute of Technology. 2007-03-21. Besoek op 2007-03-29. - Kenneth S. Deffeyes and Ian D. MacGregor (1980-01-01). "World Uranium Resources". Scientific American. p. 66. Besoek op 2008-04-21. - Seaborg 1968, p. 779. - "Chemical Forms of Uranium". Argonne National Laboratory. Besoek op 2007-02-18. - Seaborg 1968, p. 778. - Ignasi Puigdomenech, Hydra/Medusa Chemical Equilibrium Database and Plotting Software (2004) KTH Royal Institute of Technology, freely downloadable software at [1] - Seaborg 1968, p. 782. - Seaborg 1968, p. 780. Bronne[wysig | wysig bron] Volledige bronnelys inligting vir werke aangehaal - Emsley, John (2001). "Uranium". Nature's Building Blocks: An A to Z Guide to the Elements. Oxford: Oxford University Press. pp. 476–482. ISBN 0-19-850340-7. - Seaborg, Glenn T. (1968). "Uranium". The Encyclopedia of the Chemical Elements. Skokie, Illinois: Reinhold Book Corporation. pp. 773–786. LCCCN 68-29938. Eksterne skakels[wysig | wysig bron] Wikimedia Commons bevat media in verband met Uraan. | Sien uraan in Wiktionary, die vrye woordeboek. | - ATSDR Case Studies in Environmental Medicine: Uranium Toxicity U.S. Department of Health and Human Services - "Public Health Statement for Uranium". CDC. - Uranium Resources and Nuclear Energy - U.S. EPA: Radiation Information for Uranium - "What is Uranium?" from World Nuclear Association - Nuclear fuel data and analysis from the U.S. Energy Information Administration - Current market price of uranium - World Uranium deposit maps - Annotated bibliography for uranium from the Alsos Digital Library - NLM Hazardous Substances Databank—Uranium, Radioactive - 'Pac-Man' molecule chews up uranium contamination – earth – 17 January 2008 – New Scientist Environment - Mining Uranium at Namibia's Langer Heinrich Mine - Uranium futures market - World Nuclear News - webelements.com Uraan H | He | |||||||||||||||||||||||||||||| Li | Be | B | C | N | O | F | Ne | |||||||||||||||||||||||| Na | Mg | Al | Si | P | S | Cl | Ar | |||||||||||||||||||||||| K | Ca | Sc | Ti | V | Cr | Mn | Fe | Co | Ni | Cu | Zn | Ga | Ge | As | Se | Br | Kr | |||||||||||||| Rb | Sr | Y | Zr | Nb | Mo | Tc | Ru | Rh | Pd | Ag | Cd | In | Sn | Sb | Te | I | Xe | |||||||||||||| Cs | Ba | La | Ce | Pr | Nd | Pm | Sm | Eu | Gd | Tb | Dy | Ho | Er | Tm | Yb | Lu | Hf | Ta | W | Re | Os | Ir | Pt | Au | Hg | Tl | Pb | Bi | Po | At | Rn | Fr | Ra | Ac | Th | Pa | U | Np | Pu | Am | Cm | Bk | Cf | Es | Fm | Md | No | Lr | Rf | Db | Sg | Bh | Hs | Mt | Ds | Rg | Cn | Nh | Fl | Mc | Lv | Ts | Og | Alkalimetale | Aardalkalimetale | Lantaniede | Aktiniede | Oorgangsmetale | Hoofgroepmetale | Metalloïde | Niemetale | Halogene | Edelgasse | Chemie onbekend |
<urn:uuid:14ba1e54-8516-4c4a-80d1-564c9ca8f10a>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Uraan
2019-07-17T15:13:43Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525312.3/warc/CC-MAIN-20190717141631-20190717163631-00365.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999113
false
Verwante veranderings ← Simca Jump to navigation Jump to search Tik 'n bladsynaam om veranderinge aan bladsye te sien wat daarvan of daarheen skakel. (Om inskrywings van 'n kategorie te sien, tik Kategorie:Naam van kategorie). Veranderinge aan bladsye op u dophoulys word in vetdruk aangedui. Lys van afkortings: - N - Met die wysiging is 'n nuwe bladsy geskep. (sien ook die lys van nuwe bladsye) - k - Hierdie is 'n klein wysiging - b - Hierdie wysiging is deur 'n bot gemaak - D - Wikidata-wysiging - (±123) - Bladsy is met die aantal grepe gewysig
<urn:uuid:7dc39b34-8fe3-4734-9968-e2143d6019d7>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:OnlangseVeranderingsMetSkakels/Simca
2019-07-18T19:44:18Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525793.19/warc/CC-MAIN-20190718190635-20190718212635-00525.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999998
false
Domodedowo-lughawe Moskouse Domodedowo-lughawe Московский аэропорт Домоде́дово | ||| ---|---|---|---| Lugfoto van Domodedowo | ||| IATA: DME – ICAO: UUDD | ||| Opsomming | ||| Tipe lughawe | Openbaar | || Eienaar/Operateur | East Line-groep (Группа Ист Лайн) | || Bedien | Moskou, Rusland | || Ligging | Domodedowo | || Spil vir | In gebruik | sedert 1964 | || Hoogte bo seevlak | 588 vt / 179 m | || Koördinate | Koördinate: | || Webtuiste | ||| Landkaart | ||| Ligging binne die Moskou-oblast | ||| Aanloopbane | ||| Rigting | Lengte | Oppervlak | | m | vt | || 14C/32C (Vorige) | 2 600 | 8 531 | Beton | 14L/32R | 3 800 | 12 467 | Versterkte beton | 14R/32L | 3 500 | 11 483 | Versterkte beton | Statistieke (2013) | ||| Passasiers | 30 760 000 | || Lugbewegings | 253 500 | || Bron: DAFIF | Die Moskouse Domodedowo-lughawe (Russies: Московский аэропорт Домоде́дово) is ’n internasionale lughawe op die dorp Domodedowo in die Moskou-oblast, Rusland. Dit is sowat 42 km suid-suidoos van die middestad van Moskou. Domodedowo is die grootste lughawe in Rusland wat betref passasiers- en vragverkeer (22,25 miljoen passasiers het die lughawe in 2010 gebruik, wat ’n toename van 19,2% is vanaf 2009), en is saam met Sjeremetjewo en Wnoekowo een van die drie hooflughawens van Moskou. In 2003 het die lughawe ’n uitbreidingsprogram begin om wyerompvliegtuie te huisves. Die aanloopbaan, rybane en parkeerterreine is vergroot en versterk. In Maart 2009 is aangekondig dat die lughawe se aansoek geslaag het; dit was die eerste Russiese lughawe wat goedgekeur is vir vliegtuie soos die Airbus A380.[1] Geskiedenis[wysig | wysig bron] Die lughawe is genoem na die dorp Domodedowo, waar dit geleë is. Vlugte het in Maart 1964 begin met ’n vlug na Swerdlofsk. Die lughawe, wat ingestel was op langafstandvlugte in die Sowjetunie, is amptelik in Mei 1965 geopen. ’n Tweede aanloopbaan, langs die eerste een, is 18 maande later in gebruik geneem. In 1993–1994 het die East Line-groep, wat deur Dmitri Kamensjik gestig is, in verskeie geriewe by die lughawe belê, onder meer ’n nuwe doeaneterminaal en spysenieringsdienste.[2] In laat 1996 het die East Line-groep die terminaalgeriewe geprivatiseer. Sedert 1998 word die aanloopbane, lugverkeerbeheer en kommunikasiegeriewe aan East Line verhuur. In die 2000's het East Line belê in die herbou en modernisering van die verouderde lughawegeriewe. Teen 2009 is die vloeroppervlak vergroot van 70 000 m2 in 2004 tot 135 000 m2. Met die opknapping is groot lugdienste soos British Airways, El Al, Swiss International Air Lines, Japan Airlines en Austrian Airlines weggelok van die ander Moskouse lughawe Sjeremetjewo. Hul voorbeeld is deur ander groot lugdienste soos Lufthansa gevolg. Aeroflot het ook sekere vragoperasies na Domodedowo geskuif. Die lughawe het daarna die hooflughawe vir verskeie Russiese lugdienste geword. Domodedowo het Sjeremetjewo verbygesteek wat passasiergetalle betref en die besigste lughawe in Rusland geword. Teen 2010 het die getal passasiers by Domodedowo gestyg van 2,8 miljoen per jaar in 2000 tot meer as 22 miljoen.[3] Domodedowo was die teiken van twee terroristeverwante voorvalle. In 2004 het Moslem-selfmoordbomaanvallers verby sekuriteit beweeg en aanboord van twee passasiersvliegtuie gegaan. Hulle het die bomme laat afgaan nadat die vliegtuie opgestyg het. Ondanks verhoogde sekuriteit was daar nog ’n sluipmoordbomvoorval op 24 Januarie 2011 toe ’n Islamitiese militante die terminaalgebou binnegegaan en ’n bom in die aankomsaal laat afgaan het. Nog strenger maatreëls is sedertdien ingestel. Vervoer[wysig | wysig bron] Treine[wysig | wysig bron] Die lughawe het ’n treinstasie met dienste na die Paweletsk-spoorwegterminaal in Sentraal-Moskou. Daar is ook Aeroexpress-sneltreine en gewone passasierstreine. Pad[wysig | wysig bron] Die lughawe kan bereik word met ’n verbinding van die Moskouse Ringstraat en die Kasjirskoje-snelweg. Taxi's, limousines en gewone motors kan in die lughawe gehuur word. Galery[wysig | wysig bron] Verwysings[wysig | wysig bron] - Heavy Metal, Aviation Week & Space Technology, 70, 10 (9 Maart 2009), bl. 14 - ( ) ""Домодедово", откройся!". Wedomosti. 10 Mei 2011. Besoek op 15 November 2011. - ( ) "Московский аэропорт Домодедово провел интерлайн-конференцию "DME Connections 2011"". Domodedowo. Nuusvrystelling. 10 November 2011. Besoek op 15 November 2011.
<urn:uuid:62b73d03-778d-45f9-830e-3db1f1dc3e9b>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Domodedowo-lughawe
2019-07-22T14:30:22Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528037.92/warc/CC-MAIN-20190722133851-20190722155851-00445.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999842
false
Tochigi-prefektuur (栃木県, Tochigi-ken?) is ook een van die 47 prefekture van Japan. Utsunomiya is die hoofstad en belangrikste stedelike gebied.
<urn:uuid:8866cbc2-0143-4011-9b3e-7b452d575474>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Tochigi-prefektuur
2019-07-23T22:33:28Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529737.79/warc/CC-MAIN-20190723215340-20190724001340-00045.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.994803
false
Cathy Downs Jump to navigation Jump to search Cathy Downs | | Geboorte | 3 Maart 1924 | ---|---| Nasionaliteit | Amerikaans | Sterfte | 8 Desember 1976 (op 52) | Beroep(e) | Aktrise | Internet-rolprentdatabasis-profiel | Cathy Downs (3 Maart 1924 – 8 Desember 1976) was 'n Amerikaanse aktrise. Sy was bekend vir haar rolle in die rolprente My Darling Clementine (1946), The Dark Corner (1946), For You I Die (1947), en The Amazing Colossal Man (1957). Filmografie[wysig | wysig bron] Rolprente[wysig | wysig bron] - 1946: My Darling Clementine - 1946: The Dark Corner - 1947: For You I Die - 1948: Panhandle - 1949: Massacre River - 1950: Short Grass - 1950: The Sundowners - 1951: Joe Palooka in Triple Cross - 1952: Gobs and Gals - 1953: Bandits of the West - 1953: The Flaming Urge - 1955: The Big Tip Off - 1955: Kentucky Rifle - 1955: The Phantom from 10,000 Leagues - 1956: The Oklahoma Woman - 1956: The She-Creature - 1957: The Amazing Colossal Man - 1957: Curfew Breakers - 1958: Missile to the Moon Televisiereekse[wysig | wysig bron] - 1949: Arthur Godfrey and His Friends - 1954: The Joe Palooka Story Televisierolprente[wysig | wysig bron] - 1955: The Promise
<urn:uuid:fbe77aea-5dc8-4556-afd8-d9d7a3c2bf9e>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Cathy_Downs
2019-07-17T15:18:39Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525312.3/warc/CC-MAIN-20190717141631-20190717163631-00389.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.919659
false
Liggaam (Aangestuur vanaf Lyf) Jump to navigation Jump to search Liggaam kan na een van die volgende verwys: - Die fisiese struktuur, met inbegrip van die bene, vleis en organe van 'n mens of dier. Bv. die menslike liggaam of die haarlose liggaam van 'n seekoei. - 'n Voorwerp of begrensde deel van die ruimte, insluitende vaste, vloeibare en gasvormige liggame. Bv. 'n hemelliggaam. - 'n Maatskaplike instelling, soos 'n vereniging, organisasie of genootskap. Bv. 'n wetgewende liggaam of liggaam gestig om liefdadigheid te verrig. - Die middelgedeelte, romp of vernaamste stuk van iets. Soos die liggaam van 'n gebou of 'n brief.
<urn:uuid:4f8a36c6-867b-46d4-80ed-98cd425a110d>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Lyf
2019-07-17T15:07:31Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525312.3/warc/CC-MAIN-20190717141631-20190717163631-00389.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99999
false
Jack Donohue (regisseur) Jack Donohue | | Geboortenaam | John Francis Donohue | ---|---| Geboorte | 3 November 1908 | Nasionaliteit | Amerikaans | Sterfte | 27 Maart 1984 (op 75) | Kinders | 1 | Beroep(e) | Akteur, regisseur, en vervaardiger | Internet-rolprentdatabasis-profiel | Jack Donohue (3 November 1908 – 27 Maart 1984) was 'n Amerikaanse akteur, regisseur, en vervaardiger. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente Close-Up (1948), Lucky Me (1954), en Assault on a Queen (1966), en in die televisiereeks The George Gobel Show (1954). Inhoud Filmografie[wysig | wysig bron] Rolprente[wysig | wysig bron] - 1936: Sons o' Guns - 1936: Rhythm in the Air - 1937: Variety Hour - 1948: Close-Up - 1950: Watch the Birdie - 1950: The Yellow Cab Man - 1954: Lucky Me - 1961: Babes in Toyland - 1965: Marriage on the Rocks - 1966: Assault on a Queen Televisiereekse[wysig | wysig bron] - 1954: The George Gobel Show Televisierolprente[wysig | wysig bron] - 1964: Mr. and Mrs. - 1967: Dick Van Dyke Special - 1974: Happy Anniversary and Goodbye - 1975: Lucy Gets Lucky - 1980: Lucy Moves to NBC Video's[wysig | wysig bron] - 2009: Working with Lucy: A Conversation with Gino Conforti
<urn:uuid:384a68d5-c8df-4f65-8ff5-ac525cb84cab>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Jack_Donohue_(regisseur)
2019-07-21T08:53:12Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526940.0/warc/CC-MAIN-20190721082354-20190721104354-00309.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.966886
false
Verwante veranderings Jump to navigation Jump to search Tik 'n bladsynaam om veranderinge aan bladsye te sien wat daarvan of daarheen skakel. (Om inskrywings van 'n kategorie te sien, tik Kategorie:Naam van kategorie). Veranderinge aan bladsye op u dophoulys word in vetdruk aangedui. Lys van afkortings: - N - Met die wysiging is 'n nuwe bladsy geskep. (sien ook die lys van nuwe bladsye) - k - Hierdie is 'n klein wysiging - b - Hierdie wysiging is deur 'n bot gemaak - D - Wikidata-wysiging - (±123) - Bladsy is met die aantal grepe gewysig
<urn:uuid:b5220b4d-095b-41f9-ac9a-848cc2c0ee4c>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:OnlangseVeranderingsMetSkakels/Pous_Leo_XII
2019-07-21T09:29:24Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526940.0/warc/CC-MAIN-20190721082354-20190721104354-00309.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999999
false
Bizana Bizana | | Bizana se ligging in Oos-Kaap Koördinate: Koördinate: | | Land | Suid-Afrika | ---|---| Provinsie | Oos-Kaap | Distrik | Alfred Nzo | Munisipaliteit | Mbizana | Oppervlak[1] | | - Dorp | 24,13 km² (9,3 vk m) | Bevolking (2011)[1] | | - Dorp | 7 974 | - Digtheid | 330/km² (854,7/myl2) | Rasverdeling (2011)[1] | | • Blank | 0.2% | • Indiër/Asiër | 0.3% | • Kleurling | 0.6% | • Swart | 98.5% | • Ander | 0.4% | Taal (2011)[1] | | • Xhosa | 90.3% | • Zoeloe | 3.2% | • Engels | 2.8% | • Ander | 3.8% | Poskode (strate) | 4800 | Poskode (posbusse) | 4800 | Skakelkode(s) | 039 | Geskiedenis[wysig | wysig bron] Die dorpie het ontstaan toe die eerste magistraatkantoor in 1894 by Ntsingixi sowat 6km hiervandaan gebou is. Dit is later verskuif na Bizana. Die naam mbizana beteken in Xhosa 'klein potjie'. Dit verwys na die holte waarin die dorp geleë is. Distrik[wysig | wysig bron] Die distrik is 2 000km2 groot. Veeboerdery, mielieverbouing en bosbou is die belangrikste ekonomiese aktiwiteite. Boorlinge[wysig | wysig bron] - Oliver Tambo, anti-apartheid aktivis. Sien ook[wysig | wysig bron] Bronne[wysig | wysig bron] - "Hoofplek Bizana". Sensus 2011.
<urn:uuid:9603be09-b9d9-40ba-b10c-df5d1b1c98b6>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bizana
2019-07-23T22:29:39Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529737.79/warc/CC-MAIN-20190723215340-20190724001340-00069.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.988696
false
Olimpiese Winterspele 1984 XIVe Olimpiese Winterspele | |||||||||||||||||||||||| Die Olimpiese Winterspele 1984 (Serwo-Kroaties: XIV zimske olimpijske igre / XIV Зимске олимпијске игре; Macedonies: XIV Зимски олимписки игри), amptelik bekend as die XIVde Olimpiese Winterspele, is tussen 8 en 19 Februarie 1984 in Sarajevo, Joego-Slawië, aangebied, nou die hoofstad van Bosnië en Herzegowina. Die ander kandidaatstede was Sapporo in Japan en Gotenburg in Swede. Inhoud Toewysing[wysig | wysig bron] Die stemming het as volg verloop: Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 1984[2] | |||||| ---|---|---|---|---|---|---| Stad | Land | Rondte 1 | Rondte 2 | ||| Sarajevo | Joego-Slawië | 31 | 39 | ||| Sapporo | Japan | 33 | 36 | ||| Gotenburg | Swede | 10 | — | Sporte[wysig | wysig bron] 6 Olimpiese sporte in 10 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Kalender[wysig | wysig bron] Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is. OS | Openingseremonie | ● | Wedstryde | 1 | Wedstryde met medaljes | SS | Sluitingseremonie | Februarie | 7 Di | 8 Wo | 9 Do | 10 Vr | 11 Sa | 12 So | 13 Ma | 14 Di | 15 Wo | 16 Do | 17 Vr | 18 Sa | 19 So | Wedstryde | | ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Seremonies | OS | SS | ||||||||||||| Alpeski | 1 | 1 | 2 | 1 | 1 | 6 | ||||||||| Bobslee | ● | 1 | ● | 1 | 2 | |||||||||| Heg-en-steg-ski | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 8 | |||||| Kunsskaats | ● | 1 | ● | 1 | ● | 1 | 1 | 4 | ||||||| Langbaanskaats | 1 | 2 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 9 | |||||| Noorse kombinasie | ● | 1 | 1 | |||||||||||| Rodel | ● | ● | ● | 2 | 1 | 3 | ||||||||| Skansspring | 1 | 1 | 2 | |||||||||||| Tweekamp | 1 | 1 | 1 | 3 | ||||||||||| Yshokkie | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | ||||||| Totaal | 0 | 0 | 2 | 3 | 2 | 7 | 3 | 4 | 3 | 5 | 2 | 5 | 3 | 39 | | Kumulatief | 0 | 0 | 2 | 5 | 7 | 14 | 17 | 21 | 24 | 29 | 31 | 36 | 39 | || Februarie | 7 Di | 8 Wo | 9 Do | 10 Vr | 11 Sa | 12 So | 13 Ma | 14 Di | 15 Wo | 16 Do | 17 Vr | 18 Sa | 19 So | Wedstryde | Deelnemende nasies[wysig | wysig bron] Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui: - Andorra (2) - Argentinië (18) - Australië (10) - België (4) - Bolivië (3) - Britse Maagde-eilande (1) - Bulgarye (16) - Chili (4) - Costa Rica (4) - Egipte (1) - Finland (45) - Frankryk (32) - Griekeland (6) - Hongarye (9) - Italië (74) - Japan (39) - Joego-Slawië (71) - Kanada (67) - Libanon (4) - Liechtenstein (10) - Marokko (4) - Meksiko (1) - Monaco (1) - Mongolië (4) - Nederland (13) - Nieu-Seeland (6) - Noord-Korea (6) - Noorweë (58) - Oos-Duitsland (57) - Oostenryk (65) - Pole (30) - Puerto Rico (1) - Roemenië (19) - San Marino (3) - Senegal (1) - Siprus (5) - Chinees Taipei (12) - Sowjetunie (99) - Spanje (13) - Suid-Korea (15) - Swede (60) - Switserland (42) - Tsjeggo-Slowakye (50) - Turkye (7) - Verenigde Koninkryk (30) - Verenigde State (107) - Volksrepubliek China (37) - Wes-Duitsland (84) - Ysland (5) Getal medaljes[wysig | wysig bron] Hier is die top 17 lande wat medaljes by die Spele verower het: Plek | Land | Deelnemers | Goud | Silwer | Brons | Totaal | ---|---|---|---|---|---|---| 1 | Oos-Duitsland (GDR) | 57 | 9 | 9 | 6 | 24 | 2 | Sowjetunie (URS) | 99 | 6 | 10 | 9 | 25 | 3 | Verenigde State (USA) | 107 | 4 | 4 | 0 | 8 | 4 | Finland (FIN) | 45 | 4 | 3 | 6 | 13 | 5 | Swede (SWE) | 60 | 4 | 2 | 2 | 8 | 6 | Noorweë (NOR) | 58 | 3 | 2 | 4 | 9 | 7 | Switserland (SUI) | 42 | 2 | 2 | 1 | 5 | 8 | Kanada (CAN) | 67 | 2 | 1 | 1 | 4 | Wes-Duitsland (FRG) | 84 | 2 | 1 | 1 | 4 | | 10 | Italië (ITA) | 74 | 2 | 0 | 0 | 2 | 11 | Verenigde Koninkryk (GBR) | 30 | 1 | 0 | 0 | 1 | 12 | Tsjeggo-Slowakye (TCH) | 50 | 0 | 2 | 4 | 6 | 13 | Frankryk (FRA) | 32 | 0 | 1 | 2 | 3 | 14 | Japan (JPN) | 39 | 0 | 1 | 0 | 1 | Joego-Slawië (YUG) | 71 | 0 | 1 | 0 | 1 | | 16 | Liechtenstein (LIE) | 10 | 0 | 0 | 2 | 2 | 17 | Oostenryk (AUT) | 65 | 0 | 0 | 1 | 1 | Totaal (17 NOKs) | 990 | 39 | 39 | 39 | 117 | Verwysings[wysig | wysig bron] Verdere leesstof[wysig | wysig bron] - ( David Wallechinsky (2005). The Complete Book of the Winter Olympics, Turin 2006 Edition. SportClassic Books. ) ISBN 978-1-894963-45-9. - ( Volker Kluge (1999). Olympische Winterspiele. Die Chronik. Chamonix 1924 – Nagano 1998. Berlin: Sportverlag. ) ISBN 3-328-00831-4. - ( Krüger, Arnd; Goksör, Matti; von der Lippe, Gerd; Mo, Kristian (1996). The History of the Olympic Winter Games. The Invention of a Tradition. Winter Games - Warm Traditions. Oslo: Norsk Idrettshistorisk Vörening. ) Eksterne skakels[wysig | wysig bron] Wikimedia Commons bevat media in verband met Olimpiese Winterspele 1984. | - ( ) Sarajevo 1984 Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee. - ( ) Resultate en medaljewenners Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee. Olimpiese Spele | ||| ---|---|---|---| Olimpiese Somerspele: 1896 • 1900 • 1904 • 1906* • 1908 • 1912 • Olimpiese Winterspele: 1924 • 1928 • 1932 • 1936 • |
<urn:uuid:b87d599f-5e26-419a-9cdf-b0f6e059c7e1>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Olimpiese_Winterspele_1984
2019-07-17T15:29:19Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525312.3/warc/CC-MAIN-20190717141631-20190717163631-00413.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.9439
false
indrukwekkend Contents DutchEdit EtymologyEdit PronunciationEdit AdjectiveEdit InflectionEdit Inflection of indrukwekkend | |||| ---|---|---|---|---| uninflected | indrukwekkend | ||| inflected | indrukwekkende | ||| comparative | indrukwekkender | ||| positive | comparative | superlative | || predicative/adverbial | indrukwekkend | indrukwekkender | het indrukwekkendst het indrukwekkendste | | indefinite | m./f. sing. | indrukwekkende | indrukwekkendere | indrukwekkendste | n. sing. | indrukwekkend | indrukwekkender | indrukwekkendste | | plural | indrukwekkende | indrukwekkendere | indrukwekkendste | | definite | indrukwekkende | indrukwekkendere | indrukwekkendste | | partitive | indrukwekkends | indrukwekkenders | — |
<urn:uuid:44cde3ac-4564-42bc-9ad7-9aa122902adb>
CC-MAIN-2019-30
https://en.m.wiktionary.org/wiki/indrukwekkend
2019-07-18T22:04:06Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525829.33/warc/CC-MAIN-20190718211312-20190718233312-00013.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.785286
false
Greylingstad Greylingstad | | Greylingstad se ligging in Mpumalanga Koördinate: Koördinate: | | Land | Suid-Afrika | ---|---| Provinsie | Mpumalanga | Distrik | Gert Sibande | Munisipaliteit | Dipaleseng | Stigting | 1909 | Oppervlak[1] | | - Dorp | 9,33 km² (3,6 vk m) | Bevolking (2011)[1] | | - Dorp | 839 | - Digtheid | 90/km² (233,1/myl2) | Rasverdeling (2011)[1] | | • Blank | 53.2% | • Indiër/Asiër | 0.8% | • Kleurling | 0.6% | • Swart | 45.0% | • Ander | 0.4% | Taal (2011)[1] | | • Afrikaans | 51.7% | • Zoeloe | 27.9% | • Suid-Sotho | 6.6% | • Engels | 4.5% | • Ander | 9.3% | Poskode (strate) | 2415 | Poskode (posbusse) | 2415 | Skakelkode(s) | 017 | Geskiedenis[wysig | wysig bron] In 1909 het die NG Kerk 'n nuwe gemeente sowat 5 km suid van die huidige dorp gestig en dit Greyingstad genoem na PJ Greyling, stiefseun van die Voortrekkerleier Piet Retief. Vier jaar later is nog 'n dorp op die plaas Willemsdal by die spoorweghalte uitgelê en Willemsdal genoem ter ere van die eienaar Willem Bezuidenhout. In 1914 is die oorspronklike Greylingstad ontruim en na Willemsdal verskuif wat ook tot Greylingstad herdoop is. 'n Nuwe spoorwegstasie is in 1960 gebou. Distrik[wysig | wysig bron] Sien ook[wysig | wysig bron] Verwysings[wysig | wysig bron] - "Hoofplek Greylingstad". Sensus 2011.
<urn:uuid:2c8890b6-1ba0-465a-af30-be50e5321d55>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Greylingstad
2019-07-20T03:58:29Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526408.59/warc/CC-MAIN-20190720024812-20190720050812-00173.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.993428
false
Koerse Haf Koerse Haf | | ---|---| Satellietbeeld van die Koerse Haf | | Kaart van die Koerse Haf | | Koördinate: | Koördinate: | Ligging: | Litaue, Rusland | Soort: | See van die Atlantiese Oseaan | Oppervlakte: | 1 619 km² (625 myl²) | Opvangsgebied: | 100 450 km² | Invloei: | Nemunas | Uitvloei: | Oossee | Die Koerse Haf (Litaus: Kuršių marios, Russies: Куршский залив, Koersjski zaliv, Duits: Kurisches Haff) is 'n baai van die Oossee wat deel uitmaak van Litaue en die Oblast Kaliningrad (Russiese Federasie). Die baai, waarna soms ook as 'n strandmeer verwys word (alhoewel dit naby die Litause hawestad Klaipėda toegang tot die oop see het), word deur die Koerse Skoorwal van die Oossee geskei. Die Nemunas- of Memel-rivier mond met sy rivierarms – waaronder Atmata en Skyrvitė naby die Litause dorp Rusnė – in die Koerse Haf uit. Die baai beslaan 'n totale oppervlakte van 1 584 vierkante kilometer (waarvan 415 op Litause en die res op Russiese grondgebied). Die grootste diepte is slegs 5,8 meter, met 'n gemiddelde diepte van 3,8 meter. Die baai het 'n maksimale saliniteit of soutgehalte van 8 promille. Geskiedenis[wysig | wysig bron] Die gebied rondom die Koerse Haf het in die 13de eeu deel uitgemaak van die Koerse en Oud-Pruisiese stamlande. Later het dit aan die historiese gewes Klein-Litaue gegrens. Die ridders van die Duitse Orde het die deurvaart aan die baai se noordelike einde in 1252 vir die oprigting van hul vesting Memelburg en die stigting van die stad emel (tans Klaipėda) gekies. Die Memelgebied is in 1923 deur Litause magte beset en van die destydse Duitse Ryk geskei. Die Nemunas- (Litaus) of Memel-rivier (Duits) het tussen die twee wêreldoorloë die grens tussen Litaue en Duitsland gevorm; die suidelike gedeelte van die Koerse Skoorwal en die Koerse Haf het tot in 1945 Duits gebly, terwyl die skiereiland naby die stranddorp Nida (Duits: Nidden) deur Litaue geannekseer is. Die Duitse gebied in die suide het oorspronklik deel uitgemaak van Oos-Pruise en is in 1945 deur Rusland beset. Hierdie gebied vorm tans 'n Russiese eksklawe, die Kaliningrad-oblast, wat deur twee lidstate van die Europese Unie, Litaue en Pole, omsluit word.
<urn:uuid:3d8b07ae-eb18-4fb1-9a97-4aeded630b22>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Koerse_Haf
2019-07-16T10:36:23Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524522.18/warc/CC-MAIN-20190716095720-20190716121720-00277.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999957
false
Brad Carter Jump to navigation Jump to search Brad Carter | | Geboortenaam | David Bradley Carter | ---|---| Geboorte | 1973 (45–46 jaar oud) | Nasionaliteit | Amerikaans | Beroep(e) | Akteur en komponis | Aktiewe jare | 2007–nou | Internet-rolprentdatabasis-profiel | Brad Carter (* 1973) is 'n Amerikaanse akteur en komponis. Hy is bekend vir sy rolle in die rolprent Black Mass (2015) en in die televisiereekse Sons of Anarchy (2008) en True Detective (2014). Filmografie[wysig | wysig bron] Rolprente[wysig | wysig bron] - 2015: Black Mass - 2015: Kickstarted - 2015: Dixieland - 2018: Eat Me - 2018: Reckoning Televisiereekse[wysig | wysig bron] - 1986: Ira Joe Fisher Show - 2008: Sons of Anarchy - 2013: The Cheerleader Diaries - 2014: True Detective - 2014: Preface to Being Jaded - 2017: In the Rough - 2018: I'm Poppy Televisierolprente[wysig | wysig bron] - 2012: Crash & Burn - 2015: Pariah - 2015: Untitled Johnny Knoxville Project
<urn:uuid:9c8c2829-b585-4e0c-aa91-8d13951837bc>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Brad_Carter
2019-07-17T15:13:29Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525312.3/warc/CC-MAIN-20190717141631-20190717163631-00437.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.962459
false
Olifantsrivier, Namakwaland - Vir ander riviere genaamd "Olifantsrivier", sien asseblief die dubbelsinnigheidsblad by Olifantsrivier. Olifantsrivier | | ---|---| Hoofrivier | Olifantsrivier | Oorsprong | Skurweberg | Sytak -links | Modderrivier | Sytak -regs | Doringrivier | Monding | Papendorp Atlantiese Oseaan | Stroomgebied | Wes-Kaap | Lengte | 265 km (165 myl) | Monding-hoogte | 0 | Stroomgebiedopp. | 46 220 km² (17 846 myl²) | Koördinate: Koördinate: | Naam[wysig | wysig bron] Ontspring[wysig | wysig bron] Roete[wysig | wysig bron] Die rivier vloei 265 km ver meestal noord en net oos van die Olifantsrivierberge, deel van die Groot Winterhoekberge, verby. Dit vloei noord deur Citrusdal en bly hiervandaan net oos van die N7 nasionale pad en wes van die Sederberg, deur die Clanwilliamdam, verby Clanwilliam en hou steeds oos van die N7 tot amper by Klawer. Nét voor Klawer vloei die rivier onderdeur die N7, draai wes verby Vredendal, draai weer suid by Koekenaap en mond uit by digby Papendorp in die Atlantiese Oseaan, sowat 250 km noord van Kaapstad. Sytakke[wysig | wysig bron] Enkele sytakke van die Wes-Kaapse Olifantsrivier is die: - Doringrivier - Holrivier, met verdere takke: - Modderrivier - Ratelrivier - Tweerivier Visse[wysig | wysig bron] - Barnard se klipbaber - Clanwilliam-geelvis - Clanwilliam-klipbaber - Clanwilliam-rooivlerkie - Clanwilliam-saagvin - Clanwilliam-sandvis - Tweerivier-rooivlerkie, slegs in die Tweerivier, 'n sytak van die Olifantsrivier. - Vurige rooivlerkie
<urn:uuid:0ebf185e-b0f0-4794-91a7-9ac7011de303>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Olifantsrivier,_Namakwaland
2019-07-17T14:54:32Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525312.3/warc/CC-MAIN-20190717141631-20190717163631-00437.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999612
false
Sjabloon:Passasierslughawens van Suid-Afrika in Wikipedia, die vrye ensiklopedie Jump to navigation Jump to search s b w Passasierslughawens van Suid-Afrika Bloemfontein • Durban • George • Johannesburg–Lanseria • Johannesburg–O.R. Tambo • Kaapstad • Kimberley • Kroonstad • Mahikeng • Mala Mala • Mthatha • Nelspruit • Oos-Londen • Pietermaritzburg • Pilanesberg • Polokwane • Port Elizabeth • Pretoria • Richardsbaai • Upington Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Sjabloon:Passasierslughawens_van_Suid-Afrika&oldid=1660429 " Kategorie : Aardrykskundige reekssjablone Versteekte kategorie: Navigasiebokse sonder horisontale lyste Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Sjabloon Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Print/export Download as PDF Gereedskap Skakels hierheen Verwante veranderings Spesiale bladsye Permanente skakel Bladinligting Wikidata-item Ander tale Deutsch English 한국어 中文 Wysig skakels Die bladsy is laas op 8 April 2018 om 10:11 bygewerk. Die teks is beskikbaar onder die lisensie Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel . Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting. Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:b1b6e31d-a780-4671-b66e-12189ce6bdb9>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Sjabloon:Passasierslughawens_van_Suid-Afrika
2019-07-17T14:55:54Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525312.3/warc/CC-MAIN-20190717141631-20190717163631-00437.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.997393
false
Hulp Bladsye wat na "Beira–Lobito-Grootpad" skakel ← Beira–Lobito-Grootpad Jump to navigation Jump to search Skakels hierheen Bladsy: Naamruimte: alle (Hoof) Bespreking Gebruiker Gebruikerbespreking Wikipedia Wikipediabespreking Lêer Lêerbespreking MediaWiki MediaWikibespreking Sjabloon Sjabloonbespreking Hulp Hulpbespreking Kategorie Kategoriebespreking Portaal Portaalbespreking Module Module talk Gadget Gadget talk Gadget definition Gadget definition talk Omgekeerde seleksie Filters Versteek insluitings | Versteek skakels | Versteek aansture Die volgende bladsye skakel na Beira–Lobito-Grootpad : Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). Kaapstad-Kaïro-Grootpad ( ← skakels wysig ) Trans-Sahel-Grootpad ( ← skakels wysig ) Trans-Sahara-Grootpad ( ← skakels wysig ) Sjabloon:Trans-Afrika-Grootpadnetwerk ( ← skakels wysig ) Trans-Wes-Afrikakus-Grootpad ( ← skakels wysig ) Kaïro–Dakar-Grootpad ( ← skakels wysig ) Ndjamena–Djibouti-Grootpad ( ← skakels wysig ) Lagos–Mombasa-Grootpad ( ← skakels wysig ) Bespreking:Beira–Lobito-Grootpad ( ← skakels wysig ) Wys (vorige 50 | volgende 50) ( 20 50 100 250 500 ). Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Beira–Lobito-Grootpad " Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Bladsy Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Gereedskap Spesiale bladsye Drukbare weergawe Ander tale Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:a0c60baf-9bbb-45f8-9c60-06523e80ff78>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Beira%E2%80%93Lobito-Grootpad
2019-07-17T15:12:15Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525312.3/warc/CC-MAIN-20190717141631-20190717163631-00437.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.992953
false
Otea Die otea of ʻōteʻa is ’n tradisionele dans van Tahiti wat gekenmerk word deur ’n vinnige swaai van die heupe op maat van slaginstrumente. Die dansers, wat in verskeie rye staan, kan in verskillende figure dans, soos kringe, halfkringe of die syfer 8, terwyl hulle hul heupe swaai. Die heupbeweging self kan gesinchroniseer wees tussen verskillende dansers of op die maat van die musiek. Die dans het ’n vinnige ritme en word deur verskeie soorte tromme begelei; daar is geen sang nie. Die otea is een van die min danse wat in vooreuropese tye as ’n dans vir mans bestaan het. Die hura, ’n dans vir vroue, en die upaupa, ’n dans vir paartjies, bestaan nie meer nie. Deesdae kan die otea egter deur mans, vroue of albei geslagte gedans word. Dansers van die otea beeld verskillende daaglikse bedrywighede uit: vir die mans oorlogvoering of seevaart met spiese of roeispane, en vir die vroue die kam van hul hare of die vlug van die skoenlapper. Daar is ook meer ingewikkelde temas, soos wanneer die dansers eindig in die vorm van ’n kaart van Tahiti met belangrike plekke uitgelig. In ’n goeie otea oorheers die tema die hele dans. Die kostuums is gewoonlik glansryk, met lang grasrompe, hooftooisels, kleurtemas en tossels wat die heupswaaie beklemtoon. Verwysings[wysig | wysig bron] - Patrick O'Reilly; La danse à Tahiti. - Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
<urn:uuid:9d6745bc-14f1-4995-9a33-e3d8376440b1>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Otea
2019-07-18T22:11:45Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525829.33/warc/CC-MAIN-20190718211312-20190718233312-00037.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
1.000009
false
Lêer 'n Rekenaarlêer of gewoon lêer (Engels: file) is 'n rekenaarhulpbron wat dit moontlik maak om data in 'n rekenaartoestel te registreer. 'n Vergelyking kan getref word tussen die neerskryf van woorde op papier en die skryf van inligting na 'n rekenaarlêer.
<urn:uuid:741da4ac-486d-45d7-a596-ccfdbab515cb>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Rekenaarl%C3%AAer
2019-07-21T08:28:23Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526940.0/warc/CC-MAIN-20190721082354-20190721104354-00357.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
1.000006
false
Pous Johannes III Pous Johannes III | | ---|---| Geboortenaam | Ioannus Catelinus | Pontifikaat begin | 17 Julie 561 | Pontifikaat eindig | 13 Julie 574 | Voorganger | Pelagius I | Opvolger | Benedictus I | Gebore | Rome, Italië | Sterf | 13 Julie 574 Rome, Italië | Ander pouse genaamd Johannes | Inhoud BiografieWysig Pous Johannes III is gebore as die seun van ene Anastasius Catelinus met die titel illustris. Op 17 Julie 561 volg hy Pous Pelagius I op en regeer tot sy dood op 13 Julie 574. Hy word opgevolg deur Pous Benedictus I. Die naam ‘Johannes’ beteken 'God is genadig'. PontifikaatWysig Sy pontifikaat het saamgeval met in die invalle van die Lombarde en byna al die inligting oor sy bewind het verlore gegaan. Daar is omstedenheid oor sy sterfdatum. Die Liber Pontificalis gee 7 Julie 574. VerwysingsWysig - Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press. ISBN 0-85323-545-7 Eksterne skakelsWysig - BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits) - CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)
<urn:uuid:f39d17a3-bda7-485e-9fb4-12039f9b2390>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Pous_Johannes_III
2019-07-23T22:23:09Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529737.79/warc/CC-MAIN-20190723215340-20190724001340-00117.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998501
false
Samuel Zwaartman Inhoud Lewe en werk[wysig | wysig bron] Vroeë lewe en herkoms[wysig | wysig bron] Henry William Alexander Cooper (wat onder die skuilnaam Samuel Zwaartman skryf) is in 1842 in Rondebosch in Kaapstad gebore. Hy is die seun van ’n Engelsman en ’n Ierse vrou, ’n mejuffrou Sarah Byrne, wat in Brighton in Engeland getrou het en daarna na Suid-Afrika verhuis. Opleiding en loopbaan[wysig | wysig bron] Cooper gaan in Kaapstad skool en gee later onderwys op Plettenbergbaai, Knysna en Oudtshoorn, waar hy sy eie kosskool gehad het en onder meer in Nederlands onderrig gegee het. In hierdie tyd studeer hy ook in die Teologie. Op 23 Oktober 1866 word hy deur regter Watermeyer geëksamineer en toegelaat as beëdigde vertaler in Engels en Hollands. Hy vestig hom hierna in 1870 op Fraserburg en praktiseer as die eerste wetsagent op hierdie dorp, hoewel hy nooit in die Kaapkolonie as advokaat of prokureur toegelaat is nie. Op Fraserburg raak Cooper betrokke in ’n verhouding met ’n goewernante, waarna hy weens die gemeenskap se argwaan die dorp haastig verlaat. In 1873 word hy in die Transvaal na ’n eksamen as advokaat en prokureur toegelaat en werk ook vir ’n kort rukkie in die kantoor van die prokureur-generaal, James Buchanan. Ná die ontdekking van die Oos-Transvaalse goudvelde word hy op 29 Julie 1874 waarnemende landdros vir Lydenburg en in 1875 landdros. Sy werk was veeleisend en die wederstrewige delwers, geweersmokkelaars en oproerige swart kapteins het sy taak sodanig versuur dat hy einde 1875 sy ontslag aangevra het, maar dit nie gekry het nie. Die Zuid-Afrikaansche Republiek verklaar oorlog teen hoofman Sekhukhune in 1876 nadat ook Cooper sy verslag uitgebring het, en Cooper neem self aan die oorlog deel. Die afloop en gevolge van die oorlog het die onrus onder die burgers teen die regering laat voortduur. Toe Cooper openlik hul kant kies en ’n protesstuk onderteken, word hy as amptenaar ontslaan. Op versoek van die plaaslike burgers willig hy in om hom vir die Volksraad verkiesbaar te stel, maar die Britse anneksasie van Transvaal in April 1877 vind plaas voordat daar ’n verkiesing kon wees. Na die stigting van die Transvaalse Hooggeregshof in 1876 moet hy saam met al die ander regspraktisyns weer aansoek doen om toelating om as prokureur en advokaat te praktiseer. Hy verhuis dan in 1877 weer na Pretoria, waar hy eers onder sy eie naam praktiseer, maar later deur samesmelting in 1884 lid word van die firma Cooper en Paul Maré. Hierdie firma word later Cooper en Scholtz, met Cooper die senior lid wat naam verwerf in verband met die maatskappyreg. Nog later word die firma opgeneem in die groot firma MacIntosh en Cross. Hy is ook stigterslid van die Komitee van die voorganger van die Staatsbiblioteek in 1878. Volgens die notule het hy die eerste vergadering in 1878 bygewoon en in 1887 was hy steeds lid van die Komitee. In 1888 gaan hy vir mediese behandeling na Londen, maar vind dat hier soveel werk is met betrekking tot die Transvaalse goudvelde dat hy as verteenwoordiger van sy firma hier aanbly tot 1892, toe hy terugkeer na Pretoria. In opdrag van die Transvaalse Regering is hy ten behoewe van die NZASM-spoorlyn tussen Pretoria en Lourenço Marques weer na Londen en daarvandaan na Lissabon in Portugal. Persoonlike lewe[wysig | wysig bron] Hy trou op 5 September 1863 met die Afrikaanse Adriana Johanna Zondagh van Huyssteen, oorspronklik van Wittedrift naby Knysna. Uit hierdie huwelik word twee seuns en ’n dogter gebore. Van die tweede seun, W.H. Augustine Cooper, se twee seuns was die oudste, Henry Cooper, privaat sekretaris van genl. Jan Smuts tot Smuts se dood in 1950, en die ander, William (Willie) Schreiner Cooper, ’n komponis van ligte Afrikaanse liedjies.[1] Op 27 Maart 1894 is hy in Lissabon in Portugal aan longontsteking oorlede en hy word in Lissabon begrawe. Skryfwerk[wysig | wysig bron] As prokureur op Fraserburg leer hy die taal wat sy kliënte praat goed ken en hy is deeglik op hoogte van die intriges van hierdie plattelandse dorp. In Het Volksblad van 1870–1871 skryf hy dan in tipiese Boeretaal sy geestige Boerenbrieven uit Fraserburg en sy Kaapse Schetsen,[2] waarin hy hierdie intriges as materiaal gebruik. Die eerste van sy boerebriewe verskyn op 13 Januarie 1870 en daarna elke week tot 4 Augustus 1870, met die Kaapse sketse wat op 16 Maart 1871 ’n aanvang neem en gepubliseer word tot 8 Junie 1871. As dekmantel om sy ware identiteit geheim te hou, gebruik Cooper die skuilnaam Samuel Zwaartman, waar die Zwaartman verwys na swart man, nie swaardman nie. Die Afrikaanse grammatika was nog nie gevestig nie en Cooper lewer dus met hierdie skrywes baanbrekerswerk in Afrikaans. Sy Boerenbrieven uit Fraserburg is nie besonder vleiend vir die gemeenskap nie, hoewel almal die humoristiese sy daarvan geniet en betrokkenes die angels onder die grappige trant daarvan ignoreer. Met hierdie briewe word hy ’n onbewuste baanbreker vir die Afrikaanse taal, deur te wys dat die spreektaal ook ’n skryftaal en spesifiek joernalistieke taal kan word. Die invloed van hierdie briewe was groot, soos blyk uit die klomp Zwaartmans en ook Swaartmanne (Jan, Piet, Gert en Adones) wat hierna bydraes lewer aan die koerante. In sy Kaapse Schetsen skryf hy in elf sketse oor ampsdraers en afdelings van die Staatsbestuur. Die onderwerpe is Die goewerneur; Die uitvoerende raad; Die twee huise van die parlement; Stemgeregtigdes; Verantwoordelike bestuur; Die vrywillige beginsel; Koerante; Die rondgaande hof en die magistraatshof; Die hooggeregshof; Afdelingsrade; en Skoolmeesters.[3] G.S. Nienaber versamel later sy geskrifte en laat dit publiseer. Sy skets Oor Krante word deur Elize Botha in Afrikaanse essayiste opgeneem. Publikasies[wysig | wysig bron] Jaar | Publikasie | ---|---| 1942 | Die Afrikaanse geskrifte van Samuel Zwaartman | Eerbewyse[wysig | wysig bron] In 1987 behaal Frederick Johann Ueckermann sy M.A.-graad aan die Universiteit van die Witwatersrand met ’n verhandeling oor Die Afrikaanse geskrifte van Samuel Zwaartman. Bronne[wysig | wysig bron] Boeke[wysig | wysig bron] - Antonissen, Rob. Die Afrikaanse letterkunde van aanvang tot hede. Nasou Beperk Derde hersiene uitgawe Tweede druk 1964 - Botha, Elize. Afrikaanse essayiste. Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Vyfde druk 1975 - Dekker, G. Afrikaanse Literatuurgeskiedenis. Nasou Beperk Kaapstad Elfde druk 1970 - Grové, A.P. Letterkundige sakwoordeboek vir Afrikaans. Nasou Beperk Vyfde uitgawe Eerste druk 1988 - Kannemeyer, J.C. Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 1. Academica, Pretoria en Kaapstad Tweede druk 1984 - Kannemeyer, J.C. Die Afrikaanse literatuur 1652–2004. Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe 2005 - Lindenberg, E. (red.) Inleiding tot die Afrikaanse letterkunde. Academica Pretoria en Kaapstad Vierde uitgawe Eerste druk 1973 - Nienaber, P.J. Hier is ons skrywers! Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Eerste uitgawe 1949 - Nienaber, P.J. et al. Perspektief en Profiel. Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Derde hersiene uitgawe 1969 - Scholtz, J. du P. Die Afrikaner en sy taal 1806–1875. Nasou Beperk Kaapstad Derde druk 1967 - Van Coller, H.P. (red.) Perspektief en Profiel Deel I. J.L. van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 1998 - Van der Merwe, H.J.J.M. (red.) Afrikaans: sy aard en ontwikkeling. J.L. van Schaik Beperk Pretoria Eerste uitgawe 1968 - Van der Walt, P.D. Mené Tekél. Nasionale Boekhandel Kaapstad Eerste uitgawe 1969 Tydskrifte en Koerante[wysig | wysig bron] - Pienaar, E.C. Afrikaanse Taalbakens III – Zwaartman en Reitz. Die Taalgenoot, Maart 1944 - Van der Walt, P.D. ’n Spotskrif uit die sewentiger jare. Standpunte, Nuwe reeks 38-39, Desember 1961 – Februarie 1962 Ongepubliseerde Dokumente[wysig | wysig bron] - Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) Bloemfontein. Cooper, Henry William Alexander, skuilnaam Samuel Zwaartman – Biografie. Internet[wysig | wysig bron] Verwysings[wysig | wysig bron] - Afrikaanse Wikipedia: H.W.A. Cooper - Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Cooper,_Henry_William_Alexander - Digitale Bibliotheek voor Nederlandse Letteren: http://www.dbnl.org/tekst/kann003gesk01_01/kann003gesk01_01_0006.php
<urn:uuid:5ec35bc3-c6ae-4ecc-a2a4-c666fb7521a4>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Samuel_Zwaartman
2019-07-16T10:24:14Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524522.18/warc/CC-MAIN-20190716095720-20190716121720-00301.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999962
false
Mier Miere Tydperk: 100–0 m. jaar gelede Albium – Onlangs | |||||||||||||| ---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---| Miere | |||||||||||||| Wetenskaplike klassifikasie | |||||||||||||| Subfamilies | |||||||||||||| Miere is sosiale insekte met 'n dun middellyf en elmboogagtige antennes. Miere behoort aan die familie Formicidae, wat (net soos bye en perdebye) onder die orde van vliesvlerkiges (Hymenoptera) ressorteer.[1] Daar is ongeveer 22 000 spesies van miere. Meer as 12 500 van hierdie spesies is reeds geklassifiseer.[2][3][4] Inhoud Bou en gedrag[wysig | wysig bron] Algemeen[wysig | wysig bron] Die familie van die miere (Formicidae) bestaan al meer as 130 miljoen jaar. Fossielvondste dui daarop dat die insekte, wat saam met onder meer bye en wespe onder die orde Hymenoptera geklassifiseer word, reeds in die Kryttyd gelewe het. Die familie bestaan uit duisende verskillende spesies wat vanweë hul besonder groot aanpassingsvermoë vanuit die trope oor die hele wêreld kon versprei. Sowat 3500 spesies is tot dusver beskryf, waarvan sowat 400 in Suider-Afrika voorkom. Bou[wysig | wysig bron] Die liggaam van 'n mier bestaan uit 'n kop, 'n borsstuk en ʼn agterlyf. Die kop het sterk kake wat vir 'n wye verskeidenheid werksaamhede gebruik word en ook as gevegsinstrumente dien. Die tong word gebruik om voedsel in te neem en om die eie liggaam asook die van soortgenote te poets. Voor op die kop is 2 antennae waarin senuweepunte lê. Behalwe 'n saamgestelde oog weerskante van die kop kom daar ook 3 enkelvoudige oë bo-op die kop voor. Hierdie oë ontbreek egter meestal by werkers en soldate. Die borsstuk en agterlyf word deur 1 of 2 smal segmente (pediselle) verbind. Die borsstuk bestaan uit 4 segmente, waarvan die agterste een in werklikheid 'n agterlyfsegment is, maar in die borsstuk geleë is. By koninginne en mannetjies kom 1 paar vlerke aan die tweede en derde borssegment voor, maar werkers en soldate het geen vlerke nie. Wat dikte en beharing betref, verskil die liggaamswand van spesie tot spesie. Sommige spesies het yl, lang hare wat regop staan of teen die liggaam lê. Soms is hierdie hare ook skubvormig. Ander spesies het ʼn kort, digte beharing. Die liggaamswand kan glad en glansend, dof of gespikkel wees. Miere is oor die algemeen rooi, bruin of swart, maar bruinrooi. bruingeel en metaalkleurige spesies kom ook voor. Daar is 3 paar pote en 3 paar asemhalingsopeninge (stigmata) aan die borsstuk en die agterlyfsegmente is ook van asemhalingsopeninge voorsien. Op die eerste agterlyfsegment kom 'n geluidvoortbrengende (stridulerende) struktuur voor. In die voorafgaande segment is 'n tandagtige uitsteeksel wat teen die strukture gevryf word en 'n skril geluid voortbring. Koninginne en werkers van primitiewe spesies het 'n angel aan die agterlyf. By ander spesies is die angel gereduseer en deur die een of ander vorm van verdedigingsmeganisme vervang. Die angel bestaan uit 2 stilette binne 'n angelskede, en aan die basis van die stilette lê die gifklier. Miere sonder angels byt hul slagoffer en spuit die gif (miersuur) dan met die punt van die agterlyf in die wond. Sommige spesies kan hul gif tot 50 cm ver spuit. By sommige spesies mond anaalkliere vlak bokant die anus uit waardeur 'n skerpruikende stof afgeskei word om vyande af te skrik. Kastes en staatvorming[wysig | wysig bron] Alle miere is sosiale diere wat in goed geordende groepverband (state) saamleef. Wat arbeidsverdeling en fisiologiese eienskappe betref, kan die lede van 'n staat in 'n aantal kastes verdeet word. Die sentrale figuur in 'n staat is die koningin, wat vir 'n nageslag moet sorg. Jong koninginne het vlerke, en sodra hulle geslagsryp is, verlaat hulle die nes om die " bruidsvlug" te onderneem. Tydens die bruidsvlug paar 'n koningin met een mannetjie, wat genoeg spermselle in haar saadsakkie plaas sodat sy vir die res van haar lewe - sowat 15 jaar – vrugbaar sal wees. Polimorfie, dit wil sê 'n verskeidenheid van vorme, word nie by mannetjies aangetref nie, maar net by die wyfies. Mannetjies word net 'n sekere tyd van die jaar, naamlik voor 'n bruidsvlug, in die nes aangetref. Hulle gaan kort na paring met 'n jong koningin dood. Na haar bruidsvlug trek die koning in haar vlerke met haar kake uit of skuur dit teen 'n harde voorwerp af, en soek dan 'n geskikte plek vir 'n nes. Haar monddele is goed ontwikkel en sodra sy 'n geskikte plek gekry het, vreet sy 'n gat uit en lê 'n paar eiers. Uit hierdie eerste eiers ontwikkel die werkers. Werkers is oor die algemeen onvrugbare wyfies en het nooit vlerke nie. Hulle versamel die kos, bou neste en versorg die volgende geslagte larwes. By sommige spesies lê die werkers wel eiers. Die eiers is nie bevrug nie en net mannetjies kan daaruit ontwikkel. Van enkele mierspesies is dit bekend dat die werkers eiers lê waaruit nog werkers ontwikkel, en daar is ook enkele spesies wat geen koninginne het nie, maar waar hulle deur eierlêende werkers vervang is. Die eerste geslag werkers van ʼn nuwe staat is gewoonlik baie kleiner as later geslagte omdat die koningin hulle self moet grootmaak en net met haar speeksel voer. Polimorfie word nie net tussen koningin en werkers aangetref nie, maar ook tussen werkers en soldate. Soldate het groter koppe en sterker kake as werkers omdat hulle die nes moet beskerm en harde voedsel stukkend moet byt. Soldate kom egter nie in alle mierstate voor nie. Die eiers van miere is wit en nie langer as 0,5 mm nie. Die werkers verplaas die eiers van tyd tot tyd in die nes namate toestande verander en sorg dat hulle altyd op die gunstigste plek lê. Die eiers word voortdurend afgelek sodat hulle nie met fungi besmet raak nie. Uit die eiers ontwikkel larwes, wat altyd in hopies van min of meer dieselfde grootte en ouderdom bymekaar gehou word. Oor die algemeen word larwes met uitgebraakte vloeistof gevoer. Na ʼn rukkie verpop die larwes hulle en by baie spesies word 'n kokon rondom hulle gespin. Die werkers help am die kokon oop te breek wanneer die papies tot hul volwasse vorm ontwikkel het. Die kaste van 'n mier word bepaal deur die hoeveelheid en soort voedsel wat hy in die larwestadium gevoer word. Toekomstige koninginne word met baie proteïenryke kos gevoer, terwyl toekomstige werkers se dieet hoofsaaklik uit koolhidrate bestaan. Die geslag van miere word geneties bepaal. Koninginne en werkers het XX-chromosome en die mannetjies XY-chromosome. Sosiale parasitisme[wysig | wysig bron] By enkele spesies is die koningin nie daartoe in staat om 'n eie staat te stig nie en na haar bruidsvlug soek sy 'n reeds bestaande nes, waaruit sy die koningin verwilder of haar doodmaak. Die werkers van die gasnes sien dan na die vreemde koningin en haar nageslag om. Sommige spesies is wel daartoe in staat om 'n eie staat te onderhou, maar hou "slawe" aan as werkers. Die slawe word uit hul oorspronklike neste geroof terwyl hulle nog larwes of papies is en dan in die nuwe nes grootgemaak. Baie spesies roofmiere is wat voedselvoorsiening betref, heeltemal van hul slawe afhanklik. Neste[wysig | wysig bron] Die meeste miere lewe in neste, maar hulle is nie so nesgebonde soos byvoorbeeld bye en wespe nie en verhuis van tyd tot tyd . Daar is 'n groot verskeidenheid nestipes wat van spesie tot spesie verskil. Oor die algemeen bestaan dit uit 'n aantal kamers wat onderling verbind is en vir verskillende doeleindes gebruik word, byvoorbeeld as bergingskamers, broeikamers en dies meer. Baie spesies bou hul neste ondergronds. Die Europese woudmier (Formica rufa) grawe 'n kort gangetjie en maak 'n deel van die nes onder die grond, maar stapel ook dennenaalde en stokkies bogronds op, waarin nog kamers geleë is. Houtboordermiere (genus Camponotus) boor hul gate in houtstompe. Die nes van die groenwewermier (Oecophylla smaragdina) word van blare gemaak. Verskeie van die spesies se werkers hou 2 blare langs mekaar deur die een in die kake en die ander een tussen die agterpote vas te knyp, terwyl ander werkers larwes tussen die kake vashou en die blare aanmekaarweef deur die larwes se koppe heen en weer tussen die blare te beweeg. Die larwes skei sy af wat die blare bymekaarhou. Ander spesies maak "papier" deur hout fyn te kou en bou daarmee kartonagtige neste. Trekmiere, soos die rooimiere (genus Dorylus) van Afrika en die soldaatmiere (genus Eciton) van die tropiese streke van Amerika, bou nie neste nie en het ook geen permanente blyplekke nie. Hulle beweeg in lang kolonne oor die veld en vreet alles wat voorkom. Wanneer hulle rus, slaap hulle onder 'n houtstomp of vorm trosse in ʼn boom. Periodiek vertoef hulle egter vir 'n langer tyd in 'n gat of 'n hol boomstam op dieselfde plek. Die nomadiese periode duur by die soldaatmier sowat 17 dae, en die rusperiode, wat nou saamhang met reproduksie, strek oor 19 of 20 dae. Die soldaatkoningin lê 'n enorme aantal eiers op 'n slag met tussenpose van sowat 'n week en die larwes word tydens die nomadiese periode saamgedra. Sodra die larwes hulle verpop, raak die staat rustiger aangesien daar geen larwes meer is om te voer nie en minder kos dus benodig word. Na sowat 'n week lê die koningin weer eiers –soms meer as 25 000 op 'n keer- wat binne 'n paar dae uitbroei. Die werkers raak weer onrustig omdat hulle kos vir die larwes moet voorsien. Omstreeks die 19e dag van die statiese fase kom die larwes wat hulle aan die begin van die fase verpop het, as volwassenes uit hul kokonne en die staat trek verder. Voedselspesiallsasie[wysig | wysig bron] Baie mierspesies leef van 'n verskeidenheid voedsel soos insekte, sade en ander plantmateriaal, dierlike afval en wat hulle ook al kan vind om nes toe te sleep. Daar is egter ook 'n aantal spesies wat voorkeur gee aan 'n bepaalde voedselsoort en wat groot vernuf toon by die verkryging daarvan. Fungikwekers[wysig | wysig bron] Die miere wat waarskynlik die verste gevorder het ten opsigte van voedselspesialisasie, is die wat hul eie "tuine" aanlê waarin 'n besonder voedsame fungus gekweek word. Die bekendste onder die fungikwekers is die sogenaamde blaarsnyers (subfamilie Attinae), wat veral in die tropiese streke van Sentraal- en Suid-Amerika voorkom. Die werkers verlaat die nes in lang rye op soek na ʼn geskikte boom of bos vir die versameling van blare. Sommige werkers byt stukkies blare af, terwyl ander die hele blaar afskeur en "dit op die grond tot hanteerbare stukkies opbreek. Hulle kan 'n boom binne 'n nag kaal stroop. As hulle genoeg blare bymekaargemaak het, beweeg hulle in lang rye terug na die nes terwyl hulle die stukkies blare soos sambreeltjies bo-oor hul koppe hou. Sommige spesies word trouens sambreelmiere genoem. In die nes eet hulle nie die blare nie, maar kou dit tot 'n sponserige massa fyn wat in spesiale kamers diep onder die grond geberg word. Dit is die ideale bemesting vir ʼn sekere fungus, waarmee die larwes van die blaarsnyers gevoer word. Een van die eerste take van 'n jong koningin wat 'n nuwe staat stig, is om 'n paar blare in haar nes in te sleep en 'n fungituin aan te lê. Heuningmiere[wysig | wysig bron] Die miere met die hoogste ontwikkelingsvlak leef net van 'n vloeistofdieet, byvoorbeeld van blomnektar of van die uitskeiding van sekere plantetende insekte (heuningdou). Wat veral merkwaardig is in hierdie verband, is die verhouding wat talle mierspesies met plantluise handhaaf. Kenmerkend vir plantluise is dat hulle meer vloeistof uit plante suig as wat hulle nodig het. Die oortollige vloeistof druip in die vorm van soet heuningdou uit hul liggame. Die miere lek die heuningdou van die plantluise af en beskerm die weerlose diere in ruil daarvoor. Die mate waarin miere plantluise beskerm, word dikwels oordryf, maar dit is wei so dat sommige spesies soos Lasius flavus "stalle" vir die plantluise bou deur gate te grawe rondom die wortels waarop die plantluise voed. Wanneer ander insekte die plantluise probeer aanval, verdedig die miere hulle net soos hulle hulle ander voedselbronne sal beskerm. Sommige miere, byvoorbeeld die van die genus Myrmecia, lê heuningdou in deur dit in die liggame van 'n aantal werkers te berg. Wanneer 'n versamelaarwerker met heuningdou in haar krop terugkeer nes toe, word dit oorgedra aan 'n ander werker, wat later so vol vloeistof is dat sy nie meer kan beweeg nie en vir die res van haar lewe as 'n lewende opgaartenk aan die plafon van die nes hang. Enige werker kan 'n "opgaartenk" word aangesien almal se liggaamswand aansienlik kan uitsit. Sodra 'n versamelaar-werker met heuningdou nes toe kom, voer sy dit vir die eerste werker in die nes wat sy teëkom en ander versamelaars volg haar voorbeeld. Wanneer ʼn skaarste aan voedsel ontstaan, word die "opgaartenks" leeggetap. Oesmiere[wysig | wysig bron] Baie miere leef van sade. maar 'n groep wat bekend staan as oesmiere, spesialiseer in die versameling en berging daarvan. Hierdie miere kom hoofsaaklik in droë gebiede voor. Wanneer saad volop is, is hulle besonder bedrywig en maak hulle genoeg bymekaar om 'n tydperk van voedselskaarste te kan oorleef. Die neste van oesmiere is dikwels omring deur plante wat andersins nie in die onmiddellike omgewing voorkom nie. Vroeër is daar gemeen dat die miere hierdie plante "geplant" het. Wat egter gebeur, is dat sommige van die sade in die voorraadkamers ontkiem en dan deur die werkers uit die nes gegooi word. Sommige sade skiet wortel en groei. Die miere oes wei van hierdie sade, maar lewe nie uitsluitend daarvan nie. Sommige spesies byt die kiemworteltjies van die sade juis af om te verhoed dat dit ontkiem. Die versamelde sade word baie vernuftig geberg. Sommige van die werkers is baie groot. en terwyl ander miersoorte hulle as soldate gebruik, dien hulle by oesmiere as "dorsers", wat harde sade met hul kragtige kake moet oopbreek. In talle oesmiere se neste is daar spesiale kamers waar die sade geskei word van ander voorwerpe wat ook die nes binnegebring is. Saad wat nie geberg word nie, word deur sommige werkers fyngekou tot die sogenaamde mierbrood. Die speeksel wat in die proses afgeskei word, sit die saad se stysel in suiker om. Voedselkommunikasie[wysig | wysig bron] Daar is verskeie maniere waarop werkers die ander in kennis stel dat ʼn voedselbron gevind is en waar dit is. Die vermoë om deur middel van die stridulerende strukture klank voort te bring, is een manier. Daar is egter betreklik onlangs vasgestel dat miere ook sonder klank kan kommunikeer. Wanneer 'n werker wat 'n voedsel bron opgespoor het, na die nes terugkeer, lek sy die ander en betas hulle met haar voorpote en kop. Hierdeur kry hulle 'n idee van die omgewing waarin sy was en wat in haar krop is. Die boodskap word versterk deur die opgewondenheid van die werker wat die kos gevind het. As die bron baie groot is, sal sy byvoorbeeld in die nes rondhardloop met haar kake wyd oop of met haar agterlyf in die lug. Dit maak die ander miere ook opgewonde. Dit is egter duidelik dat die miere nie presies weet waarom die opgewondenheid gaan nie aangesien hulle in hul opwinding met enigiets doenig raak: Sommige begin die nes herstel, ander sien na die broeisel om. maar sommige stroom na buite en volg die leidrade op wat hulle deur die betasting gekry het. Hoër ontwikkelde miere lê ook geurspore. Die geur word deur kliere in die liggaam afgeskei en deur die anus versprei deurdat die agterlyf op die grond gedruk word. Die geurspoor is dus eerder 'n reeks geurkolle. Die geur hou nie baie lank nie maar word versterk deur die eerste werkers wat die pad gevind het. Simbiose[wysig | wysig bron] Ondersoeke het getoon dat sowat 2 000 ander insektespesies, veral kewers, saam met die miere in die neste woon en voordeel daaruit trek wat voedselverskaffing betref. Sommige is vyande van die miere en moet hulle verberg. Party insekte is klein en onopvallend en die miere is nie bewus van hulle nie. Tot hierdie groep behoort die larwes van verskeie insekte wat saam met die mierlarwes deur die werkers gevoed word. Enkele spesies krieke en kakkerlakke word wel deur die miere opgemerk, maar in die nes toegelaat. Hulle lek die vloeistof af wat uit die miere se liggaamswand uitgeskei word. Verskeie bewoners van mierneste is ware gaste wat deur die miere verwelkom word. In hierdie kategorie val veral kewers wat 'n klierstof afskei wat 'n geur versprei waarvan die miere hou. Soms maak die werkers selfs die kewers se larwes groot, al eet hulle soms die larwes en eiers van die gasheer. Ander diere wat by miere baat vind maar nie in hul neste woon nie, is die voëls en parasitiese vlieë wat agter die soldaatmiere aantrek. Die voëls eet nie soseer die miere nie, maar die klein diertjies wat deur die miere doodgemaak word maar nie geëet word nie. Die parasitiese vlieë volg die miere om hul eiers in die prooie se karkasse te lê. Kolonies[wysig | wysig bron] 'n Kolonie bestaan uit een (of enkele) wyfies, wat koningin(ne) genoem word. Die koningin se funksie is om eiers te lê. Die werkers (ook almal vroulik), asook 'n paar mannetjies en maagdelike koninginne, broei uit die eiers uit. Die werkers vorm groepe wat gespesialiseerde take verrig. Daar is onder andere verkenners, voedselversamelaars, nesbouers, kinderversorgers en soldate. Wanneer die nes groot genoeg is, word 'n deel van die larwes as mannetjies en koninginne opgevoed. As die tyd ryp is, vlieg hierdie miere uit die nes uit om nuwe kolonies te stig. Dit gebeur dikwels op warm dae na 'n reënbui. Hierdie mannetjies en koninginne paar in vlug, waarna die mannetjies kort daarna sterf en die koninginne 'n plek vir 'n nuwe nes uitsoek. Miere is meestal baie klein, maar kan die gewig van twintig ander miere dra. Die werkers dra voedsel na hulle kolonies aan, sodat die ander miere en die koningin daarvan kan vreet. Verwysings[wysig | wysig bron] - Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0908409605, volume 19, bl. 50 - Simpson DP (1979). Cassell's Latin Dictionary (5 uitg.). London: Cassell Ltd. ISBN 0-304-52257-0. - Bolton, Barry (1995). A new General Catalogue of the Ants of the World. Harvard University Press. ISBN 978-0-674-61514-4. - "Hymenoptera name server. Formicidae species count.". Ohio State University. - La nueva taxonomía de hormigas. Pages 45-48 in Fernández, F. Introducción a las hormigas de la región neotropical. (PDF). Instituto Humboldt, Bogotá. 2003. Aanhaling gebruik verouderde parameter |coauthors= (help);|mede-outeurs= vereis|outeur= (help) Bibliografie[wysig | wysig bron] - Skaife, S.H.: The amazing world of the ant. Johannesburg: Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie, 1965.
<urn:uuid:7d2d90a5-b34c-4cea-a8f4-4d7c8a72e900>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Mier
2019-07-17T15:33:08Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525312.3/warc/CC-MAIN-20190717141631-20190717163631-00461.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
1.000004
false
Sonnestelsel Die Sonnestelsel bestaan uit die Son en die ander hemelliggame wat deur swaartekrag daaraan gebind is en daarom wentel. Die hemelliggame in ons sonnestelsel bestaan uit die agt planete, hulle 166 bekende mane,[1] vyf dwergplanete en biljoene ander klein liggame. Hierdie klein liggame, of klein sonnestelselvoorwerpe (KSV's), sluit asteroïdes, ysige Kuiper-gordelvoorwerpe, komete, meteoroïdes en interplanetêre stof in. Die Aarde is die derde planeet van die Sonnestelsel. Die gekarteerde streke van die Sonnestelsel is die Son, vier aardse binnenste planete, die asteroïdegordel, vier buitenste planete (die gasreuse), die Kuiper-gordel en die verstrooide skyf. Die teoretiese Oort-wolk bestaan moontlik op 'n afstand ongeveer duisend maal verder as die gekarteerde streke. Die vloei van plasma vanaf die Son (deur die sonwind) deurdring die Sonnestelsel. Dit skep 'n stellêre windbel in die interstellêre medium, genaamd die helio- of sonsfeer, wat tot in die middel van die verstrooide skyf strek. Die planete in die Sonnestelsel (in volgorde van hulle afstand van die Son) is: Met die ingang van 2009 is vyf kleiner voorwerpe as dwergplanete geklassifiseer. Ceres is in die asteroïdegordel en vier ander wentel om die Son agter Neptunus: Pluto (voorheen as die negende planeet geklassifiseer), Haumea, Makemake en Eris. Ses van die planete en drie van die dwergplanete word deur natuurlike satelliete omwentel. Daar word gewoonlik na hierdie satelliete as "mane" verwys, soos die Aarde se eie maan. Al die buitenste planete word deur planetêre ringe van stof en ander partikels omring. Sedert 2016 is daar aanwysings dat daar moontlik nog 'n Planeet Nege bestaan in 'n baie groot wentelbaan. Inhoud - 1 Ontdekking en verkenning - 2 Struktuur - 3 Die Son - 4 Binnenste Sonnestelsel - 5 Buitenste Sonnestelsel - 6 Trans-neptuniese streek - 7 Verste streke - 8 Die Sonnestelsel in ons sterrestelsel - 9 Vorming en ontwikkeling - 10 Aantekeninge en verwysings - 11 Verdere leesstof - 12 Eksterne skakels Ontdekking en verkenning[wysig | wysig bron] Vir duisende jare het die mensdom (met 'n paar merkwaardige uitsonderings) nie die bestaan van die Sonnestelsel erken nie. Hulle het geglo dat die Aarde 'n stilstaande voorwerp in die middel van die heelal is en dat ons planeet heeltemal anders is as die goddelike of hemelse voorwerpe wat deur die lug beweeg. Alhoewel beide die Indiese wiskundige en sterrekundige Arjabhata (476 – 550) en die Griekse filosoof Aristargos van Samos (310 v.C. – ongeveer 230 v.C.) gespekuleer het dat die Són moontlik die middelpunt vorm, was Nicolaas Copernicus die eerste persoon wat 'n wiskundige stelselmodel met die Son as middelpunt ontwerp het en ook sterrekundige voorspellings gebaseer op die model kon maak. Sy 17de-eeuse opvolgers, Galileo Galilei, Johannes Kepler en Isaac Newton, het 'n begrip van fisika ontwikkel wat gelei het tot die aanvaarding dat die Aarde om die Son wentel en dat die planete deur dieselfde fisiese wette as die Aarde geheers word. Meer onlangs het dit gelei tot die ondersoek van aardrykskundige verskynsels soos berge en kraters en ander seisoenale meteorologiese verskynsels soos wolke, stofstorms en yskappe op ander planete. Struktuur[wysig | wysig bron] Die hoofkomponent van die Sonnestelsel is die Son, 'n hoofreeksster wat 99,86% van die stelsel se bekende massa besit en dit met sy swaartekrag domineer.[2] Jupiter en Saturnus, die twee grootste liggame wat om die Son wentel, besit saam meer as 90% van die res van die stelsel se massa. Die meeste groot voorwerpe wat om die Son wentel, lê naby die Aarde se wentelvlak (bekend as die sonnebaan). Die planete is baie naby aan die sonnebaan, terwyl komete en Kuiper-gordelvoorwerpe meer afwyk en gewoonlik nie in dieselfde vlak beweeg nie. Al die planete en meeste ander voorwerpe wentel ook saam met die Son se wenteling (anti-kloksgewys, soos gesien van bo die Son se noordpool). Daar is wel uitsonderings, soos Halley se Komeet. Kepler se wette van planetêre beweging beskryf die wentelbane van voorwerpe wat om die Son wentel. Volgens Kepler se wette beweeg elke voorwerp langs 'n ellips, met die Son by een van die brandpunte. Voorwerpe nader aan die Son het korter jare. Met 'n elliptiese wentelbaan wissel die afstand tussen die voorwerp en die Son gedurende die loop van die jaar. Die naaste verbygangspunt aan die Son word die perihelium of sonsafstand genoem, terwyl die verste verbygangspunt die aphelium genoem word. Elke liggaam beweeg op sy vinnigste tydens sy perihelium en op sy stadigste tydens sy aphelium. Die wentelbane van die planete is ellipties, dog byna sirkelvormig. In teenstelling hiermee is baie komete, asteroïdes en die Kuiper-gordelvoorwerpe se wentelbane hoogs ellipties. Siende dat daar sulke uitgestrekte afstande tussen die hemelliggame in ons sonnestelsel is, word hulle dikwels afgebeeld as of hulle almal dieselfde afstand van mekaar is. Die werklikheid is egter heeltemal anders (met 'n paar uitsonderings): hoe verder 'n voorwerp vanaf die Son is, hoe verder is hy ook vanaf die voorwerp voor hom. Byvoorbeeld: Venus is ongeveer 0,33 astronomiese eenhede (AE)[3] verder weg as Mercurius, terwyl Saturnus 4,3 AE ver van Jupiter is en Neptunus 10,5 AE vanaf Uranus is. Daar is al pogings aangewend om die verband tussen hierdie wentelafstande te bepaal (sien die Wet van Titius-Bode), maar geen van die gestelde teorieë is al aanvaar nie. Meeste van die planete in die Sonnestelsel besit hulle eie sekondêre stelsels. Baie van hulle word ook weer deur planetêre voorwerpe omwentel: natuurlike satelliete (of mane). Sommige van hierdie natuurlike satelliete is groter as planete (maar nie groter as die planeet waarom dit wentel nie). Die meeste van die grootste natuurlike satelliete het 'n sinchroniese rotasie, waar een kant van die satelliet permanent na die planeet gedraai is (soos ook die geval met die Aarde se maan is). Die vier grootste planete besit ook planetêre ringe: dun ringe, saamgestel uit klein partikels wat in ooreenstemming om die planete wentel. Terminologie[wysig | wysig bron] Die Sonnestelsel word soms in verskeie streke gedeel. Die binnenste Sonnestelsel sluit die vier aardse planete en die hoof asteroïdegordel in. Die buitenste Sonnestelsel begin na die asteroïdes en sluit die vier gasreuse in.[4] Met die ontdekking van die Kuiper-gordel word die vêrste dele van die Sonnestelsel as 'n aparte streek beskou, wat bestaan uit die voorwerpe ná Neptunus.[5] Die voorwerpe wat om die Son wentel word in drie klasse geklassifiseer: planete, dwergplanete en klein sonnestelselvoorwerpe (KSV's). 'n Planeet is enige liggaam wat om die Son wentel wat genoeg massa het om homself deur middel van sy eie swaartekrag in 'n sferiese vorm te vorm en alle kleiner voorwerpe in die onmiddelike ruimte om hom opgesweep of weggeruim het. Volgens hierdie definisie het die Sonnestelsel agt planete: Mercurius, Venus, Aarde, Mars, Jupiter, Saturnus, Uranus en Neptunus. Voor Pluto sy status as planeet verloor het, is kinders die volgorde van die planete geleer met die eselsbruggie "Meneer Van As, My Jas Sal U Nie Pas. Pluto het sy status as planeet verloor siende dat hy nie die Kuiper-gordelvoorwerpe in sy wentelbaan uit die weg geruim het nie.[6] 'n Dwergplaneet is 'n hemelliggaam wat om die Son wentel, massief genoeg is om deur sy eie swaartekrag 'n sferiese vorm aan te neem, nie die klein voorwerpe in sy omliggende area weggeruim het nie en ook nie 'n satelliet is nie.[6] Volgens hierdie definisie het die Sonnestelsel vyf dwergplanete: Ceres, Pluto, Haumea, Makemake en Eris.[7] Ander voorwerpe wat in die toekoms as dwergplanete geklassifiseer mag word is Sedna, Orcus en Quaoar. Dwergplanete wat verder as Neptunus om die Son wentel staan bekend as plutoïedes.[8] Die oorblywende voorwerpe wat om die Son wentel word klein sonnestelselliggame genoem.[6] Planetêre wetenskaplikes gebruik die terms "gas", "ys" en "rots" of "steen" om die verskillende klasse stowwe wat in die Sonnestelsel gevind word te klassifiseer. "Rots" beskryf verbindings met 'n hoë smeltpunt (meer as rofweg 500 K), soos silikaat. Rotsagtige stowwe is algemeen in die binnenste Sonnestelsel: die aardse planete en asteroïdes bestaan uit rotsagtige stowwe. Gasse is stowwe met 'n lae smeltpunt, soos atomiese waterstof, helium en edelgasse: hulle domineer die middelste streek en beide Jupiter en Saturnus bestaan hoofsaaklik uit sulke gasse. Ys, soos die ys van water, metaan, ammoniak en koolstofdioksied,[9] het smeltpunte van tot 'n paar honderd Kelvin. Die meerderheid satelliete van die gasreuse bestaan uit ysige stowwe, sowel as die talle klein voorwerpe wat agter Neptunus se wentelbaan lê en die oorgrote meerderheid van Uranus en Neptunus se samestellings (daar word ook soms na hulle verwys as die "ysreuse").[10] Die Son[wysig | wysig bron] Die Son is die Sonnestelsel se ster en verreweg die stelsel se belangrikste komponent. Die Son se groot massa verskaf aan hom 'n binnenste digtheid wat hoog genoeg is om kernfusie te verduur; dit stel enorme hoeveelhede energie vry, wat meestal na die buitenste ruim gestraal word as elektromagnetiese straling, soos sigbare lig. Die Son word geklassifiseer as 'n taamlik groot geeldwerg, maar die naam is misleidend: in vergelyking met die ander sterre in ons sterrestelsel is die Son groter en helder. Sterre word volgens die Hertzsprung-Russell-diagram geklassifiseer, 'n grafiek wat die helderheid van sterre teen hulle oppervlaktemperatuur karteer. Warmer sterre is oor die algemeen helderder. Sterre wat hierdie patroon volg word beskryf as "hoofreeks"-sterre: ons son lê in die middel van hierdie hoofreeks. Dit is egter skaars dat sterre warmer en helder as die Son is, terwyl dowwer en koeler sterre algemeen is.[11] Daar word geglo dat die Son se posisie in die hoofreeks beteken dat dit in "die bloei van sy lewe" is, siende dat dit nog nie sy waterstofvoorraad vir kernfusie opgebruik het nie. Die Son word algaande helderder; vroeër in sy geskiedenis was hy 75% so helder as vandag.[12] Die Son is 'n derde generasie of populasie I-ster; dit beteken dat dit in die latere stadiums van die heelal se evolusie gebore is en 'n groter "metaal"inhoud as populasie II en die teoretiese populasie III-sterre het.[13] Die term "metaal" verwys hier na elemente wat swaarder is as waterstof en helium. Elemente wat swaarder as waterstof en helium is, is vervoer in die kerns van antieke, ontploffende sterre, so die eerste generasie sterre moes sterf voor die heelal met hierdie atome verryk kon word. Die oudste sterre bevat min metale, terwyl nuwer sterre altyd meer bevat. Daar word gereken dat die hoë metaalinhoud beslissend was in die ontwikkeling van 'n planetêre stelsel saam met die Son, siende dat planete gevorm word uit die aanwas van metale.[14] Interplanetêre materie[wysig | wysig bron] Die Son straal nie slegs lig uit nie, maar ook 'n aaneenhoudende stroom gelaaide deeltjies (plasma), bekend as die sonwind. Hierdie deeltjiestroom is besig om uit te sprei teen 'n spoed van rofweg 1,5 miljoen kilometer per uur[15] en dit skep 'n fyn atmosfeer (die heliosfeer) wat die Sonnestelsel tot ongeveer 100 AE deurdring (sien heliopouse). Dit vorm die hoofbestanddeel van die interplanetêre materie of interplanetêre stof (die materie wat ons sonnestelsel vul en waardeur al die groter hemelliggame deur moet beweeg). Geomagnetiese storms op die Son se oppervlak, soos sonvlamme en koronale massa-uitwerpings, versteur die heliosfeer en skep ruimteweer.[16] Die Son se omwentelende magnetiese veld werk op die interplanetêre materie in om die heliosferiese neutrale vlak te skep. Die heliosferiese neutrale vlak is die grootste struktuur in die Sonnestelsel[17] en is die vlak in die Sonnestelsel waar die polariteit van die Son se magnetiese veld van noord na suid verander. Die Aarde se magnetiese veld beskerm die atmosfeer teen wisselwerking met die sonwind. Venus en Mars het nie magnetiese velde nie, wat beteken dat die sonwind besig is om hulle atmosfere te erodeer: die atmosfere is besig om te verbrokkel en die ruimte in te waai.[18] Die wisselwerking tussen die sonwind en die Aarde se magnetiese veld veroorsaak die auroras of poolligte, wat naby magnetiese pole waargeneem kan word. Kosmiese strale ontstaan buite die Sonnestelsel. Die heliosfeer beskerm die Sonnestelsel gedeeltelik en die planetêre magnetiese velde (vir die planete wat een besit) bied ook beskerming. Die digtheid van kosmiese strale in die interstellêre materie en die sterkte van die Son se magnetiese veld verander oor baie lang tye, dus varieer die hoeveelheid kosmiese straling, alhoewel dit nie bekend is hoeveel dit varieer nie.[19] Die interplanetêre materie is die tuiste van ten minste twee skyfagtige streke wat uit kosmiese stof bestaan. Die eerste, die interplanetêre stofwolk, lê in die binnenste Sonnestelsel. Dit is waarskynlik gevorm deur botsings binne-in die asteroïdegordel, veroorsaak deur interaksies met die planete.[20] Die tweede strek van ongeveer 10 AE tot ongeveer 40 AE en is waarskynlik gevorm deur soortgelyke botsings binne-in die Kuiper-gordel.[21][22] Binnenste Sonnestelsel[wysig | wysig bron] Die binnenste Sonnestelsel verwys na die streek wat die aardse planete en asteroïdes bevat. Die voorwerpe in die binnenste Sonnestelsel bestaan hoofsaaklik uit silikate en metale en drom baie naby aan die Son saam. Die radius van hierdie hele streek is korter as die afstand tussen Jupiter en Saturnus. Binnenste planete[wysig | wysig bron] Die vier binnenste (of aardse) planete het digte, rotsagtige samestellings, min of geen mane en geen ringstelsels nie. Hulle is hoofsaaklik saamgestel deur minerale met hoë smeltpunte, soos die silikate wat hulle kors en mantel vorm, en metale soos yster en nikkel, wat hulle kerns vorm. Drie van die vier binnenste planete (Venus, Mars en die Aarde) het substansiële atmosfere; almal het impakkraters en tektoniese oppervlakeienskappe soos skeurdale en vulkane. Mercurius[wysig | wysig bron] - Mercurius (0,4 AE) is die planeet wat die naaste aan die Son is en dit is ook die kleinste planeet (0.055 Aardmassas). Mercurius het geen natuurlike satelliete nie en die enigste geologiese eienskappe (sover bekend) behalwe impakkraters is gelobde bulte of "rupes" ("afgrond" in Latyn), waarskynlik veroorsaak deur 'n periode van ineentrekking vroeg in die planeet se geskiedenis.[23] Mercurius se geringe atmosfeer bestaan uit atome wat deur die sonwind van sy oppervlak af geblaas word.[24] Die planeet se relatief groot ysterkern en dun mantel is nog nie geheel en al verklaar nie. Sommige teorieë beweer dat die planeet se buitenste lae deur 'n reuse impak weggestroop is en dat dit deur die jong Son se straling gekeer is om ten volle aan te was.[25][26] Venus[wysig | wysig bron] - Venus (0,7 AE) se grootte is vergelykbaar met die Aarde (0.815 Aardmassas) en het ook, soos die Aarde, 'n dik silikaatmantel om 'n ysterkern, 'n substansiële atmosfeer en bewyse van interne geologiese aktiwiteit. Dit is egter baie droër as die Aarde en sy atmosfeer is negentig keer digter. Venus het geen natuurlike satelliete nie. Dit is die warmste planeet, met oppervlaktemperature van meer as 400 °C, hoogs waarskynlik te danke aan die groot aantal kweekhuisgasse in die atmosfeer.[27] Geen definitiewe bewyse van huidige geologiese aktiwiteit is op Venus bespeur nie, maar dit het nie 'n magnetiese veld wat die verdunning van sy substansiële atmosfeer sal voorkom nie; dít stel voor dat sy atmosfeer dikwels deur vulkaniese uitbarstings aangevul word.[28] Aarde[wysig | wysig bron] - Die Aarde (1 AE) is die grootste en digste van die binnenste planete en die enigste planeet wat (sover bekend) tans geologiese aktiwiteit het. Dit is ook die enigste bekende planeet wat lewe bevat. Die planeet so vloeibare hidrosfeer (wateromhulsel) is uniek onder die aardse planete en dit is ook die enigste planeet waar plaattektonika waargeneem is. Die Aarde se atmosfeer verskil drasties van dié van die ander planete: die aanwesigheid van lewe het dit so gewysig dat dit 21% vrye suurstof (O2) bevat.[29] Die Aarde het slegs een natuurlike satelliet, die Maan,[30] die enigste groot satelliet van 'n aardse planeet in die Sonnestelsel. Mars[wysig | wysig bron] - Mars (1,5 AE) is kleiner as die Aarde en Venus (0.107 Aardmassas). Dit besit 'n tengerige atmosfeer wat hoofsaaklik uit koolstofdioksied bestaan. Die planeet se oppervlak is besaai met groot vulkane soos Olympus Mons en skeurdale soos Valles Marineris; die oppervlak toon ook dat geologiese aktiwiteit moontlik tot baie onlangs daar plaasgevind het. Mars se kenmerkende rooi kleur is as gevolg van roes: die grond op die rooi planeet is ryk aan yster.[31] Mars het twee uiters klein natuurlike satelliete, Phobos en Deimos. Daar word geglo dat dié twee gevange asteroïdes is.[32] Asteroïdegordel[wysig | wysig bron] Asteroïdes is meesal klein hemelliggame wat hoofsaaklik uit rotsagtige en metallieke nievlugtige minerale saamgestel is. Die hoofasteroïdegordel beslaan die wentelbaan tussen Mars en Jupiter, tussen 2,3 en 3,3 AE. Daar word geglo dat dit oorblyfsels van die Sonnestelsel se vorming is, wat nie daarin geslaag het om te aan te was nie, as gevolg van die swaartekragstorings deur Jupiter. Asteroïde se groottes wissel van mikroskopies tot honderde kilometers wyd en hulle word as KSV's geklassifiseer, alhoewel sommiges, soos 4 Vesta en 10 Hygieia as dwergplanete herklassifiseer mag word indien daar bewys word dat hulle hidrostatiese of waterstandsewewig bereik het. Die asteroïdegordel bevat duisende der duisende, moontlik selfs miljoene voorwerpe wat 'n deursnit van meer as een kilometer het.[33] Ten spyte hiervan is die totale massa waarskynlik minder as 'n duisendste van die Aarde s'n.[34] Die hoofgordel bevat uitgestrekte ruimtes waarin geen voorwerpe voorkom nie: ruimtetuie beweeg dikwels met gemak deur hierdie gebied. Asteroïdes met 'n deursnit tussen 10 en 10−4 m staan bekend as meteorïdes.[35] Ceres[wysig | wysig bron] - Ceres (2,77 AE) is die grootste liggaam in die asteroïdegordel en is geklassifiseer as 'n dwergplaneet. Dit het 'n deursneë van net onder 1000 km, groot genoeg vir die dwergplaneet se swaartekrag om dit in 'n sferiese vorm te trek. Met die ontdekking van Ceres in die 19de eeu is dit as 'n planeet beskou, maar in die 1850's is dit as 'n asteroïde herklassifiseer, ná verdere ondersoek die teenwoordigheid van meer asteroïdes bevestig het.[36] Ceres is in 2006 opnuut as 'n dwergplaneet geklassifiseer. Asteroïdegroepe[wysig | wysig bron] - Asteroïdes in die hoofgordel word verdeel in asteroïdegroepe en asteroïdefamilies. Asteroïdemane is asteroïdes wat om groter asteroïdes wentel. Hulle word nie so duidelik as planetêre mane onderskei nie en is soms selfs so groot as die voorwerpe waarom hulle wentel. Die asteroïdegordel bevat ook hoofgordelkomete, wat moontlik die bron van die Aarde se water was.[37] Trojaanse asteroïdes word in een van Jupiter se vierde en vyfde Lagrange-punte (punte van stabiele swaartekrag) aangetref; "Trojaan" word ook gebruik vir klein liggame in enige ander planetêre of satelliet-Langrange-punt. Hilda-asteroïdes volg 'n 2:3 omwentelingsresonansie met Jupiter: dit beteken dat hulle drie keer om die Son wentel vir elke twee keer wat Jupiter om die Son wentel. Die binnenste Sonnestelsel bevat ook Aardskrammers, waarvan baie die wentelbane van die binnenste planete kruis. Buitenste Sonnestelsel[wysig | wysig bron] Die buitenste streek van die Sonnestelsel is die tuiste van die gasreuse en hulle planeetgrootte satelliete. Baie kortstondige komete, waaronder ook die kentaurs, se wentelbane strek tot in hierdie streek. Die soliede voorwerpe in hierdie streek is uit 'n hoër proporsie vlugtige stowwe saamgestel, soos water, ammoniak en metaan (daar word in planetêre wetenskap dikwels na hierdie vlugtige stowwe as "ysse" verwys). Hierdie samestelling is in kontras met die rotsagtige samestelling van die binnenste planete. Buitenste planete[wysig | wysig bron] Die vier buitenste planete, of gasreuse, beslaan saam 99% van die massa wat om die Son wentel. Jupiter en Saturnus bestaan hoofsaaklik uit waterstof en helium, terwyl Uranus en Neptunus 'n groter proporsie ysse in hulle samestelling het. Sommige sterrekundiges het voorgestel dat hulle in hulle eie kategorie geplaas moet word, naamlik "ysreuse".[38] Al vier die gasreuse het 'n planetêre ringstelsel, alhoewel slegs Saturnus s'n maklik vanaf die Aarde waargeneem kan word. Jupiter[wysig | wysig bron] - Jupiter (5.2 AE) se massa is gelyk aan dié van 318 Aardes, of 2,5 keer die massa van al die ander planete saam. Hierdie gasreus bestaan hoofsaaklik uit waterstof en helium. Sy sterk interne hitte is verantwoordelik vir 'n aantal semi-permanente eienskappe in die planeet se atmosfeer, soos wolkegordels en die Groot Rooi Kol. Jupiter het 63 natuurlike satelliete (sover bekend). Die vier grootstes, Ganimedes, Kallisto, Io en Europa, toon ooreenkomste met aardse planete, soos vulkanisme en interne verwarming.[39] Ganimedes is die grootste satelliet in die Sonnestelsel en is selfs groter as Mercurius. Saturnus[wysig | wysig bron] - Saturnus (9,5 AE) is bekend vir sy merkwaardige ringstelsel. Die planeet deel eienskappe met Jupiter, byvoorbeeld die samestelling van sy atmosfeer. Hy is egter minder massief, met 'n massa gelyk aan dié van 95 Aardes. Saturnus het sestig satelliete (sover bekend), asook nog drie onbevestigde satelliete. Twee van sy satelliete, Titaan en Enkelados, toon tekens van geologiese aktiwiteit, alhoewel hulle hoofsaaklik uit ys bestaan.[40] Titan is groter as die planeet Mercurius en is die enigste satelliet in die Sonnestelsel met 'n substansiële atmosfeer. Uranus[wysig | wysig bron] - Uranus (19.6 AE) het 'n massa gelyk aan 14 Aardes en is die ligste van die buitenste planete. Die planeet is uniek siende dat dit op sy sy om die Son wentel: die skuinste van Uranus se as is meer as 90 grade tot die eklipties. Hy het 'n baie kouer kern as die ander gasreuse en straal bitter min hitte na die ruimte uit.[41] Uranus het (sover bekend) 27 natuurlike satelliete, waarvan Titiana, Oberon, Umbriel, Ariel en Miranda die grootste is. Neptunus[wysig | wysig bron] - Neptunus (30 AE) is ietwat kleiner as Uranus, maar het steeds 'n groter massa (gelyk aan 17 Aardes) en is dus digter. Hy straal ook meer interne hitte uit, maar nie soveel as Jupiter of Saturnus nie.[42] Neptunus het 13 satelliete (sover bekend). Die grootste, Triton, is geologies aktief, met geisers van vloeibare stikstof.[43] Triton is die enigste groot satelliet met 'n terugwaartse wentelbaan. Neptunus word deur 'n aantal planetoïdes in sy wentelbaan vergesel: hulle staan as Neptunus-Trojane bekend en is in 'n 1:1 wentelresonansie met die planeet, wat beteken dat hulle mekaar in dieselfde wentelbaan volg Komete[wysig | wysig bron] Komete is klein sonnestelselliggame, gewoonlik slegs 'n paar kilometer wyd, wat hoofsaaklik uit vlugtige ysse saamgestel is. Hulle het hoogs eksentriese wentelbane: gewoonlik 'n perihelium binne-in die wentelbane van die binnenste planete en 'n aphelium ver agter Pluto. Wanneer 'n komeet die Sonnestelsel binnekom, veroorsaak die son se nabyheid dat die ysige oppervlak van die komeet verdamp en ioniseer, wat 'n koma veroorsaak: 'n lang, waasagtige stert van gas en stof wat dikwels aan die blote oog sigbaar is. Kortstondige komete het wentelbane wat minder as tweehonderd jaar duur. Langdurige komete het wentelbane wat duisende jare kan neem. Daar word geglo dat kortstondige komete in die Kuiper-gordel ontstaan het, terwyl langdurige komete, soos Hale-Bopp, van die Oort-wolk afkomstig is. Baie komeetgroepe, soos die Kreutz-groep, het gevorm uit die uiteenskeuring van 'n enkele ouerkomeet.[44] Sommige komete met hiperboliese wentelbane het moontlik buite die Sonnestelsel ontstaan, alhoewel dit moeilik is om hulle presiese wentelbaan te bepaal.[45] Ou komete waarvan die meeste vlugtige stowwe deur sonverwarming uitgedryf is, word dikwels as asteroïdes gekategoriseer.[46] Kentaurs[wysig | wysig bron] Kentaurplanetoïedes is ysige, komeetagtige liggame, met 'n semi-belangrike as wat groter as Jupiter is (5,5 AE) en kleiner as Neptunus is (30 AE). Die grootste bekende kentaur is 10199 Chariklo, met 'n deursneë van ongeveer 250 km.[47] Die eerste kentaur wat ontdek is, is 2060 Chiron en word ook as 'n komeet geklassifiseer (95P), siende dat dit net soos ander komete 'n koma ontwikkel wanneer dit naby die Son kom.[48] Trans-neptuniese streek[wysig | wysig bron] Die gebied verby Neptunus, soms verwys na as die "trans-neptuniese streek", is steeds hoofsaaklik onbekend. Dit blyk uit veral klein liggame te bestaan: die grootste liggaam het 'n deursnit gelykstaande aan 'n vyfde van die van die Aarde en 'n massa kleiner as die Maan. Hierdie liggame bestaan hoofsaaklik uit klip en ys. Kuiper-gordel[wysig | wysig bron] Die Kuiper-gordel is 'n groot ring wat uit brokstukke bestaan, soortgelyk aan die asteroïdegordel, alhoewel die voorwerpe in die Kuiper-gordel hoofsaaklik uit ys bestaan. Dit strek van 30 tot 5050 AE vanaf die Son. Dit bestaan hoofsaaklik uit KSV's, maar baie van die groter voorwerpe, soos 50000 Quaoar, 20000 Varuna en 90482 Orcus mag moontlik in die toekoms as dwergplanete herklassifiseer word. Volgens beraming is daar meer as 100 000 Kuiper-gordelvoorwerpe met 'n deursnit van meer as 50 km, maar daar word geglo dat die gesamentlike massa van die Kuiper-gordel slegs 'n tiende, of moontlik selfs 'n honderdste van die Aarde se massa het.[49] Baie Kuiper-gordelvoorwerpe het verskeie satelliete en die meeste het wentelbane wat hulle buite die ekliptiese vlak neem. Die Kuiper-gordel kan rofweg in twee gedeel word: die "klassieke" gordel en die "resonansie"-gordel. Resonante voorwerpe beweeg in baanresonansie met Neptunus: hulle wenteltyd om die Son is presies 3/2 keer so groot as Neptunus se wenteltyd. Die klassieke gordel bestaan uit voorwerpe wat geen resonansie met Neptunus het nie en strek van ongeveer 39,4 tot 47,7 AU.[50] Pluto en Charon[wysig | wysig bron] - Pluto (ongeveer 39 AE) is 'n dwergplaneet en die grootste bekende voorwerp in die Kuiper-gordel. Met Pluto se ontdekking in 1930 was dit as die negende planeet beskou, maar hierdie klassifikasie is in 1996 verander met die aanneming van 'n amptelike definisie van 'n planeet. Pluto het 'n relatief eksentriese wentelbaan, met 'n inklinasie van 17 grade tot die ekliptiese vlak wat strek van 29,7 AE tydens perihelium (steeds binne die wentelbaan van Neptunus) tot 49,5 AE tydens aphelium. - Dit is nie duidelik of Charon, Pluto se grootste maan, in die toekoms as 'n dwergplaneet geklassifiseer sal word en of dit sy huidige klassifikasie sal behou nie. Beide Pluto en Charon wentel om 'n barisentrum van swaartekrag bo hulle oppervlakke, wat beteken dat Pluto-Charon 'n binêre stelsel is. ('n Barisentrum is die punt tussen twee voorwerpe waar hulle aantrekkingskragte balanseer.) Pluto se twee kleiner mane, Nix en Hidra, wentel om Pluto en Charon. - Pluto is in die resonante gordel geleë en het 'n 3:2 baanresonansie met Neptunus, wat beteken dat Pluto twee keer om die Son wentel vir elke drie omwentelings deur Neptunus. Kuiper-gordelvoorwerpe wat in hierdie resonansie deel, word "plutino's" genoem.[51] Haumea en Makemake[wysig | wysig bron] - Haumea (ongeveer 43.34 AE) en Makemake (gemiddeld 45.79 AE) is (sover bekend) die grootste voorwerpe in die klassieke Kuiper-gordel. Haumea is eiervorming en het twee mane. Makemake is die tweede helderste voorwerp in die Kuiper-gordel (na Pluto). Alhoewel daar na Haumea en Makemake eers as 2003 EL61 en 2005 FY9 verwys is (respektiewelik), is hulle in 2008 tot dwergplanete bevorder en name gegee.[7] Hulle wentelbane is teen 'n skuinser as as Pluto s'n (28° and 29°)[52] en word ander as Pluto geensins deur Neptunus beïnvloed nie (hulle vorm dus deel van die klassieke Kuiper-gordel). Verstrooide skyf[wysig | wysig bron] Die verstrooide skyf oorvleuel die Kuipergordel, maar strek verder na buite. Daar word geglo dat hierdie streek moontlik die bron van kortstondige komete is en dat voorwerpe in die verstrooide skyf moontlik in 'n onreëlmatige wentelbaan uitgewerp is deur die swaartekraginvloed toe Neptunus vroeg in sy lewe na buite (weg van die Aarde af) beweeg het. Meeste voorwerpe in die verstrooide skyf het 'n perihelium in die Kuiper-gordel, maar 'n aphelium tot 150 AE van die Son af. Hierdie voorwerpe se wentelbane is ook teen 'n uiters skuins hoek met die sonnebaan en dikwels byna loodreg. Sommige sterrekundiges beskou die verstrooide skyf as net nog 'n deel van die Kuiper-gordel en beskryf die voorwerpe daarin as "verstrooide Kuiper-gordelvoorwerpe".[53] Eris[wysig | wysig bron] - Eris (68 AE gemiddeld) is die grootste bekende verstrooide skyfvoorwerp en het 'n debat begin oor presies wat planeet is: Eris is naamlik 5% groter as Pluto met 'n beraamde deursnit van 2400 km. Dit is die grootste dwergplaneet[54] en het een maan, Disnomia. Eris het (soos Pluto) 'n hoogs eksentriese wentelbaan, met 'n perihelium van 38,2 AU (rofweg dieselfde afstand as wat Pluto van die Son af is) en 'n aphelium van 97,6 AU. Eris se wentelbaan is teen 'n hoek van 44° tot die sonnebaan. Verste streke[wysig | wysig bron] Dit is nie 100% duidelik waar die Sonnestelsel eindig en interstellêre ruimte begin nie, aangesien die Sonnestelsel se grense deur twee kragte gevorm word: die sonwind en die Son se swaartekrag. Die buitenste grens van die sonwind se invloed is rofweg vier keer die afstand tussen Pluto en die Son; hierdie heliopouse word as die begin van die interstellêre materie beskou.[55] Daar word egter geglo dat die Son se Hill-sfeer, dit wil sê, die effektiewe bereik van die Son se swaartekraginvloed, tot 'n duisend keer verder strek. Heliopouse[wysig | wysig bron] Die helio- of sonsfeer word in twee aparte streke gedeel. Die sonwind reis teen omtrent 40 000 km/s tot dit teen die plasmagolwe in die interstellêre materie bots. Dit botsing vind in die gebied bekend as "grensskok" plaas, omtrent 80–100 AE windop vanaf die Son en omtrent 200 AE windaf vanaf die Son.[56] Hier word die wind baie stadiger, digter en word dit meer stormagtig;[56] dit vorm 'n groot ovaalstruktuur wat as die "sonskede" bekend staan. Die sonskede lyk baie soos 'n komeet se stert en tree ook soos een op: dit strek 40 AE buitentoe windop vanaf die Son, maar het 'n "stert" wat baie maal dié afstand in die teenoorgestelde rigting strek. Beide Voyager 1 en Voyager 2 het deur die grensskok gereis en die sonskede ingegaan, teen 94 and 84 AE vanaf die Son (respektiewelik).[57][58] Die buitenste grens van die sonskede, die heliopouse, is die punt waar die sonwind eindig en is die begin van interstellêre ruimte.[55] Die vorm van die buitenste rand van die sonskede is waarskynlik beïnvloed deur die vloeistofdinamika met wisselwerkings met die interstellêre wind[56] en magneetvelde van die Son na die suide. Die noordelike halfrond strek ongeveer 9 AE verder as die suidelike halfrond. Verby die heliopouse, by ongeveer 230 AE, lê die "boogskok", 'n plasmaspoor wat deur die Son gelaat word soos dit deur die Melkweg reis.[59] Geen ruimtetuig het tot dusver deur die heliopouse gereis nie, dus is die onmoontlik om presies te weet wat se kondisies in die plaaslike interstellêre ruimte heers. Daar word verwag dat NASA se Voyager-ruimtetuig in die volgende dekade deur die heliopouse sal reis en kosbare data rakende stralingsvlakke en die sonwind na die Aarde sal stuur.[60] Dit is nie duidelik tot watter mate die sonskede die Sonnestelsel teen kosmiese strale beskerm nie. 'n Span wat deur NASA gefinansier word het 'n konsep ontwikkel van 'n Vision Mission ("visie missie") wat daaraan toegewy is om 'n sonde na die sonskede te stuur.[61][62] Oort-wolk[wysig | wysig bron] Die teoretiese Oort-wolk is 'n groot massa van tot 'n triljoen ysige voorwerpe. Daar word geglo dat dit die Sonnestelsel by ongeveer 50 000 AE (omtrent 1 ligjaar) omring en moontlik sover strek as 100 000 AE (1,87 ligjaar). Dit word ook geglo dat die Oort-wolk die bron vir alle langdurige komete is, aangesien die Oort-wolk self bestaan uit komete wat deur die swaartekragwisselwerkings van die buitenste planete uit die binnenste Sonnestelsel gestoot is. Voorwerpe in die Oort-wolk beweeg baie stadig en kan gestoor word deur ongereelde gebeurtenisse soos botsings, die swaartekrag van 'n verbygaande ster, die gety van die sterrestelsel en die gety van die Melkweg.[63][64] Sedna[wysig | wysig bron] 90377 Sedna (ongeveer 525,86 AE) is 'n groot, rooierige Pluto-agtige voorwerp met 'n reusagtige, hoogs elliptiese wentelbaan met 'n perihelium van ongeveer 76 AE en 'n aphelium van 928 AE. Dit neem Sedna 12 050 jaar om sy reuse wentelbaan te voltooi. Dit is in 2003 deur Mike Brown ontdek, wat volhou dat dit nie deel van die verstrooide skyf of die Kuiper-gordel kan wees nie, aangesien sy perihelium te ver is om deur Neptunus se migrasie geaffekteer te wees. Hy is deel van 'n groep sterrekundiges wat glo dat Sedna 'n geheel en al nuwe soort bevolking verteenwoordig. Die voorwerp 2000 CR105 sal dan ook moontlik deel van hierdie nuwe groep vorm: dit het 'n perihelium van 45 AE, 'n aphelium van 415 AE en 'n wentelbaan wat 3420 jaar neem om te voltooi.[65] Brown verwys na hierdie voorwerpe as deel van die "Binnenste Oort-wolk", siende dat hulle moontlik deur 'n soortgelyke proses gevorm is as die voorwerpe in die Oort-wolk.[66] Sedna is waarskynlik 'n dwergplaneet, alhoewel sy vorm nog nie met sekerheid bepaal is nie. Grense[wysig | wysig bron] Daar is steeds groot dele van ons Sonnestelsel wat onbekend is. Daar word beraam dat die Son se swaartekragveld omliggende sterre so ver weg as twee ligjare (125 000 AE) domineer. In kontras plaas lae beramings vir die radius van die Oort-wolk dit nie verder as 50 000 AE nie.[67] Ten spyte van ontdekkings soos Sedna, is die streek tussen die Kuiper-gordel en die Oort-wolk, 'n gebied met 'n radius van tienduisende AE, basies steeds ongekarteer. Daar is ook steeds studies wat op die gebied tussen Mercurius en die Son fokus.[68] Dis waarskynlik dat daar in die toekoms nuwe voorwerpe in hierdie ongekarteerde gebiede ontdek sal word. Die Sonnestelsel in ons sterrestelsel[wysig | wysig bron] Die Sonnestelsel is in die Melkweg geleë, 'n sterrestelsel met 'n deursneë van 100 000 ligjare wat ongeveer 200 miljard sterre bevat.[69] Die Son is in een van die Melkweg se buitenste spiraalarms, bekend as die Orion-arm.[70] Hy lê tussen 25 000 en 28 000 van die Melkweg se kern en beweeg teen ongeveer 220 km/s. Teen hierdie spoed neem dit die Son 225 tot 250 miljoen jaar om een omwenteling om die Melkweg se kern te voltooi. Hierdie omwenteling staan as 'n galaktiese jaar bekend.[71] Dit is waarskynlik dat die Sonnestelsel se ligging in die Melkweg 'n rol in die evolusie van lewe op Aarde gespeel het. Die Sonnestelsel het 'n byna sirkelvormige wentelbaan en wentel teen ongeveer dieselfde spoed as die Melkweg se spiraalarms, wat beteken dat dit nie sommer deur hierdie arms beweeg nie. Die spiraalarms is naamlik die tuiste van groter konsentrasies moontlik gevaarlike supernovae en die feit dat die Aarde nie dikwels in die buurt van hierdie supernovae kom nie, het aan ons planeet lang tye van interstellêre stabiliteit gegee, waartydens lewe kon ontwikkel.[72] Die Sonnestelsel lê ook ver buite die sterbeknopte middel. Naby die Melkweg se middel sou die swaartekrag van nabye sterre die liggame in die Oort-wolk steur en baie komete na die binnenste Sonnestelsel stuur, wat moontlik tot katastrofiese botsings met die Aarde kon lei. Die kragtige straling vanuit die Melkweg se kern sou ook met die evolusie van komplekse leefvorms kon inmeng.[72] Sommige wetenskaplikes het voorgestel dat die Sonnestelsel tog deur onlangse supernovae geraak is, selfs al is hy so ver van die kern geleë. Volgens hulle teorieë sou die supernovae die lewe op Aarde reeds die laaste 35 000 jaar negatief beïnvloed het, deur brokstukke in die vorm van radio-aktiewe stof en groter, komeetagtige liggame na die Son te slinger.[73] Omgewing[wysig | wysig bron] Die onmiddelike galaktiese omgewing om die Sonnestelsel staan as die lokale interstellêre wind bekend: 'n area van digte "wolke" in die andersins leë gebied wat as die lokale borrel bekend staan. Die lokale borrel is 'n warm, meestal leë ruimte wat ongeveer 300 ligjare in deursnit is. Die ruimte is deurdring met hoë-temperatuur plasma, wat voorstel dat dit die produk van verskeie onlangse supernovae is.[74] Die rigting van die pad wat die Son deur die ruimte volg kom in die buurt van die Herkules-sterrebeeld, in die rigting van die huidige ligging van die helder ster Vega.[75] Daar is relatief min sterre binne-in die eerste tien ligjare vanaf die Son. Die naaste is die trippelsterstelsel Alfa Centauri, wat ongeveer 4,4 ligjaar weg is. Alfa Centauri A en Alfa Centauri B is 'n paar sterre soortgelyk aan die Son, terwyl die klein rooidwerg Alfa Centauri C (ook bekend as Proxima Centauri) die paartjie teen 'n afstand van 0,2 ligjaar omwentel. Die volgende sterre wat die naaste aan die Son is, is drie rooidwerge: die Ster van Barnard (5,9 ligjaar), Wolf 359 (7,8 ligjaar) en Lalande 21185 (8,3 ligjaar). Die grootste ster in die eerste 10 ligjaar is Sirius, 'n helder hoofreeksster wat ongeveer twee keer so groot as die Son is en deur 'n witdwerg, Sirius B, omwentel word. Sirius lê ongeveer 8,6 ligjaar van die Son af. Die ander stelsels binne-in die eerste 10 ligjaar is die binêre rooidwerg-stelsel Luyten 726-8 (8,7 ligjaar) en die enkele rooidwerg Ross 154 (9,7 ligjaar).[76] Die naaste ster wat soortgelyk aan die Son is en ook in 'n enkelstelsel geleë is, is Tau Ceti, wat 11,9 ligjaar hiervandaan is. Tau Ceti het ongeveer 80% van die Son se massa, maar slegs 60% van sy helderheid..[77] Die naaste eksoplaneet wentel om die ster Epsilon Eridani, 'n ster wat ietwat dowwer en rooier as die Son is en 10,5 ligjaar hiervandaan is. Die ster se een bevestigde planeet, Epsilon Eridani b, besit rofweg 1,5 keer die massa van Jupiter en neem 6,9 jaar om sy ster te omwentel.[78] Vorming en ontwikkeling[wysig | wysig bron] Isotoop | Nukleï per miljoen | ---|---| Waterstof-1 | 705 700 | Helium-4 | 275 200 | Suurstof-16 | 5 920 | Koolstof-12 | 3 032 | Neon-20 | 1 548 | Yster-56 | 1 169 | Stikstof-14 | 1 105 | Silikon-28 | 653 | Magnesium-24 | 513 | Swawel-32 | 396 | Neon-22 | 208 | Magnesium-26 | 79 | Argon-36 | 77 | Yster-54 | 72 | Magnesium-25 | 69 | Kalsium-40 | 60 | Aluminum-27 | 58 | Nikkel-58 | 49 | Koolstof-13 | 37 | Helium-3 | 35 | Silikon-29 | 34 | Natrium-23 | 33 | Yster-57 | 28 | Waterstof-2 | 23 | Silikon-30 | 23 | Die Sonnestelsel is gevorm deur die swaartekragineenstorting van 'n molekulêre wolk, ongeveer 4,6 miljard jaar gelede. Hierdie wolk was waarskynlik 'n aantal ligjare in deursnee en het moontlik geboorte aan verskeie sterre gegee.[80] Die streek wat later die Sonnestelsel sou word het ineengestort en, as gevolg van die behoud van hoekmomentum, vinniger omwentelings begin maak. Die middel, waar die meeste massa opeengehoop het, het toenemend warmer as die omliggende skyf geword.[80] Soos die ineenkrimpende nebula omwentel het, het dit afgeplat en begin om 'n wentelende sogenaamde "protoplanetêre skyf" met 'n deursnit van ongeveer 200 AE te vorm,[80] met 'n warm, digte protoster in die middel.[81][82] Die planete is deur die aanwas van hierdie skyf gevorm.[83] Binne 50 miljoen jaar het die druk en digtheid van waterstof in die middel van die protoster só gestyg dat kernfusie begin plaasvind het.[84] Die temperatuur, reaksietempo, druk en digtheid het toegeneem tot 'n hidrostatiese ewewig bereik is, waar die warmte-energie die teenwig van die krag van die swaartekragineenstorting vorm. Op hierdie stadium het die Son 'n hoofreeksster geword.[85] Die huidige Sonnestelsel sal voortduur tot die Son begin om van die Hertzsprung-Russell-diagram af te wyk. Die Son het 'n beperkte hoeveelheid waterstof wat voortdurend opgebrand word. Namate die waterstof opraak, sal die energie-opbrengs wat die kern ondersteun afneem, wat sal veroorsaak dat die Son ineen sal krimp. Die toename in druk verhit die kern, wat veroorsaak dat die waterstof vinniger brand. Dit veroorsaak dat die Son elke 1,1 miljard jaar ongeveer 10% helderder brand.[86] In ongeveer 5,4 miljard jaar, sal die waterstof in die Son se kern geheel en al in helium omgesit wees, wat die einde van die hoofreeksfase sal aandui. Teen hierdie tyd sal die buitenste lae van die Son uitsit tot ongeveer 260 sy huidige deursnit: die Son sal 'n rooi reus word. Aangesien die Son se oppervlak aansienlik groter sal wees, sal dit juis koeler wees as wat tans die geval is (tot 'n minimum van 2600 K).[87] Hierdie buitenste lae sal mettertyd wegval en 'n witdwerg agterlaat: 'n voorwerp wat uiters dig sal wees, slegs die helfte van die oorspronklike massa van die Son sal oorhou en die grootte van die Aarde sal wees.[88] Die lae wat wegval sal 'n planetêre nebula vorm, waartydens sommige van die materiaal wat die Son gevorm het na die interstellêre medium sal terugkeer. Aantekeninge en verwysings[wysig | wysig bron] - Hierdie artikel (of dele daarvan) is 'n vertaling van die Engelse Wikipedia-artikel "Solar System" - Scott S. Sheppard. "The Jupiter Satellite Page". Carnegie Institution for Science, Department of Terrestrial Magnetism. Besoek op 2008-04-02. - M Woolfson (2000). “The origin and evolution of the solar system”. Astronomy & Geophysics 41: 1.12. doi:10.1046/j.1468-4004.2000.00012.x. - Sterrekundinges meet afstande in die Sonnestelsel gewoonlik in astronomiese eenhede (AE). Een AE is ongeveer gelyk aan die gemiddelde afstand tussen die Aarde en die Son, of 149 598 000 km. Pluto is rofweg 38 AE vanaf die son, terwyl Jupiter op ongeveer 5,2 AE geleë is. Een ligjaar is gelyk aan 63 240 AE. - nineplanets.org. "An Overview of the Solar System". Besoek op 2007-02-15. - Amir Alexander (2006). "New Horizons Set to Launch on 9-Year Voyage to Pluto and the Kuiper Belt". The Planetary Society. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2006-02-22. Besoek op 2006-11-08. - "The Final IAU Resolution on the definition of "planet" ready for voting". IAU. 2006-08-24. Besoek op 2007-03-02. - "Dwarf Planets and their Systems". Working Group for Planetary System Nomenclature (WGPSN). U.S. Geological Survey. 2008-11-07. Besoek op 2008-07-13. - "Plutoid chosen as name for Solar System objects like Pluto". International Astronomical Union (News Release – IAU0804). June 11, 2008, Paris. Besoek op 2008-06-11. Gaan datum na in: |date= (help) - Feaga, L (2007). “Asymmetries in the distribution of H2O and CO2 in the inner coma of Comet 9P/Tempel 1 as observed by Deep Impact”. Icarus 190: 345. doi:10.1016/j.icarus.2007.04.009. - Michael Zellik (2002). Astronomy: The Evolving Universe (9th ed. uitg.). Cambridge University Press. p. 240. ISBN 0-521-80090-0. OCLC 223304585 46685453 Check |oclc= value (help). - Smart, R. L.; Carollo, D.; Lattanzi, M. G.; McLean, B.; Spagna, A. (2001). "The Second Guide Star Catalogue and Cool Stars". Perkins Observatory. Besoek op 2006-12-26. - Kasting, J.F.; Ackerman, T.P. (1986). “Climatic Consequences of Very High Carbon Dioxide Levels in the Earth's Early Atmosphere”. Science 234: 1383–1385. doi:10.1126/science.11539665. - T. S. van Albada, Norman Baker (1973). “On the Two Oosterhoff Groups of Globular Clusters”. Astrophysical Journal 185: 477–498. doi:10.1086/152434. - Charles H. Lineweaver (2001-03-09). "An Estimate of the Age Distribution of Terrestrial Planets in the Universe: Quantifying Metallicity as a Selection Effect". University of New South Wales. Besoek op 2006-07-23. - "Solar Physics: The Solar Wind". Marshall Space Flight Center. 2006-07-16. Besoek op 2006-10-03. - Phillips, Tony (2001-02-15). "The Sun Does a Flip". Science@NASA. Besoek op 2007-02-04. - "Artist's Conception of the Heliospheric Current Sheet". Wilcox Solar Observatory. Besoek op 2006-06-22. - Lundin, Richard (2001-03-09). "Erosion by the Solar Wind". Science 291 (5510): 1909. DOI:10.1126/science.1059763 abstract full text. - Langner, U. W.; M.S. Potgieter (2005). “Effects of the position of the solar wind termination shock and the heliopause on the heliospheric modulation of cosmic rays”. Advances in Space Research 35 (12): 2084–2090. doi:10.1016/j.asr.2004.12.005. Besoek op 2007-02-11. - "Long-term Evolution of the Zodiacal Cloud". 1998. Besoek op 2007-02-03. - "ESA scientist discovers a way to shortlist stars that might have planets". ESA Science and Technology. 2003. Besoek op 2007-02-03. - Landgraf, M.; Liou, J.-C.; Zook, H. A.; Grün, E. (May 2002). “Origins of Solar System Dust beyond Jupiter”. The Astronomical Journal 123 (5): 2857–2861. doi:10.1086/339704. Besoek op 2007-02-09. - Schenk P., Melosh H.J. (1994), Lobate Thrust Scarps and the Thickness of Mercury's Lithosphere, Abstracts of the 25th Lunar and Planetary Science Conference, 1994LPI....25.1203S - Bill Arnett (2006). "Mercury". The Nine Planets. Besoek op 2006-09-14. - Benz, W., Slattery, W. L., Cameron, A. G. W. (1988), Collisional stripping of Mercury's mantle, Icarus, v. 74, p. 516–528. - Cameron, A. G. W. (1985), The partial volatilization of Mercury, Icarus, v. 64, p. 285–294. - Mark Alan Bullock. "The Stability of Climate on Venus" (PDF). Southwest Research Institute. Besoek op 2006-12-26. - Paul Rincon (1999). "Climate Change as a Regulator of Tectonics on Venus" (PDF). Johnson Space Center Houston, TX, Institute of Meteoritics, University of New Mexico, Albuquerque, NM. Besoek op 2006-11-19. - Anne E. Egger, M.A./M.S. "Earth's Atmosphere: Composition and Structure". VisionLearning.com. Besoek op 2006-12-26. - Daar word in die sterrekunde ook soms na die Maan as "Luna" verwys, om verwarring met ander planete se mane te voorkom - David Noever (2004). "Modern Martian Marvels: Volcanoes?". NASA Astrobiology Magazine. Besoek op 2006-07-23. - Scott S. Sheppard, David Jewitt, and Jan Kleyna (2004). "A Survey for Outer Satellites of Mars: Limits to Completeness". The Astronomical Journal. Besoek op 2006-12-26. - "New study reveals twice as many asteroids as previously believed". ESA. 2002. Besoek op 2006-06-23. - Georgij A. Krasinsky; Pitjeva, E. V.; Vasilyev, M. V.; Yagudina, E. I. (July 2002). “Hidden Mass in the Asteroid Belt”. Icarus 158 (1): 98–105. doi:10.1006/icar.2002.6837. - Beech, M.; Duncan I. Steel (September 1995). “On the Definition of the Term Meteoroid”. Quarterly Journal of the Royal Astronomical Society 36 (3): 281–284. Besoek op 2006-08-31. - "History and Discovery of Asteroids" (DOC). NASA. Besoek op 2006-08-29. - Phil Berardelli (2006). "Main-Belt Comets May Have Been Source Of Earths Water". SpaceDaily. Besoek op 2006-06-23. - Jack J. Lissauer, David J. Stevenson (2006). "Formation of Giant Planets" (PDF). NASA Ames Research Center; California Institute of Technology. Besoek op 2006-01-16. - Pappalardo, R T (1999). "Geology of the Icy Galilean Satellites: A Framework for Compositional Studies". Brown University. Besoek op 2006-01-16. - J. S. Kargel (1994). "Cryovolcanism on the icy satellites". U.S. Geological Survey. Besoek op 2006-01-16. - Hawksett, David; Longstaff, Alan; Cooper, Keith; Clark, Stuart (2005). "10 Mysteries of the Solar System". Astronomy Now. Besoek op 2006-01-16. - Podolak, M.; Reynolds, R. T.; Young, R. (1990). "Post Voyager comparisons of the interiors of Uranus and Neptune". NASA, Ames Research Center. Besoek op 2006-01-16. - Duxbury, N.S., Brown, R.H. (1995). "The Plausibility of Boiling Geysers on Triton". Beacon eSpace. Besoek op 2006-01-16. - Sekanina, Zdenek (2001). “Kreutz sungrazers: the ultimate case of cometary fragmentation and disintegration?”. Publications of the Astronomical Institute of the Academy of Sciences of the Czech Republic 89 p.78–93. - Królikowska, M. (2001). “A study of the original orbits of hyperbolic comets”. Astronomy & Astrophysics 376 (1): 316–324. doi:10.1051/0004-6361:20010945. Besoek op 2007-01-02. - Fred L. Whipple (1992-04). "The activities of comets related to their aging and origin". Besoek op 2006-12-26. Gaan datum na in: |date= (help) - John Stansberry, Will Grundy, Mike Brown, Dale Cruikshank, John Spencer, David Trilling, Jean-Luc Margot (2007). "Physical Properties of Kuiper Belt and Centaur Objects: Constraints from Spitzer Space Telescope". Besoek op 2008-09-21. - Patrick Vanouplines (1995). "Chiron biography". Vrije Universitiet Brussel. Besoek op 2006-06-23. - Audrey Delsanti and David Jewitt (2006). "The Solar System Beyond The Planets" (PDF). Institute for Astronomy, University of Hawaii. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 2006-05-25. Besoek op 2007-01-03. - M. W. Buie, R. L. Millis, L. H. Wasserman, J. L. Elliot, S. D. Kern, K. B. Clancy, E. I. Chiang, A. B. Jordan, K. J. Meech, R. M. Wagner, D. E. Trilling (2005). "Procedures, Resources and Selected Results of the Deep Ecliptic Survey". Lowell Observatory, University of Pennsylvania, Large Binocular Telescope Observatory, Massachusetts Institute of Technology, University of Hawaii, University of California at Berkeley. Besoek op 2006-09-07. - Fajans, J., L. Frièdland (October 2001). "Autoresonant (nonstationary) excitation of pendulums, Plutinos, plasmas, and other nonlinear oscillators". American Journal of Physics 69 (10): 1096–1102. DOI:10.1119/1.1389278 abstract full text. - Marc W. Buie (2008-04-05). "Orbit Fit and Astrometric record for 136472". SwRI (Space Science Department). Besoek op 2008-07-13. - David Jewitt (2005). "The 1000 km Scale KBOs". University of Hawaii. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2002-12-15. Besoek op 2006-07-16. - Mike Brown (2005). "The discovery of 2003 UB313Eris, the10th planetlargest known dwarf planet.". CalTech. Besoek op 2006-09-15. - "Voyager Enters Solar System's Final Frontier". NASA. Besoek op 2007-04-02. - Fahr, H. J.; Kausch, T.; Scherer, H. (2000). “A 5-fluid hydrodynamic approach to model the Solar System-interstellar medium interaction” (PDF). Astronomy & Astrophysics 357: 268. See Figures 1 and 2. - Stone, E. C.; Cummings, A. C.; Mcdonald, F. B.; Heikkila, B. C.; Lal, N.; Webber, W. R. (September 2005). “Voyager 1 explores the termination shock region and the heliosheath beyond”. Science (New York, N.Y.) 309 (5743): 2017–20. doi:10.1126/science.1117684. - Stone, E. C.; Cummings, A. C.; Mcdonald, F. B.; Heikkila, B. C.; Lal, N.; Webber, W. R. (July 2008). “An asymmetric solar wind termination shock”. Nature 454 (7200): 71–4. doi:10.1038/nature07022. - P. C. Frisch (University of Chicago) (June 24, 2002). "The Sun's Heliosphere & Heliopause". en:Astronomy Picture of the Day. Besoek op 2006-06-23. - "Voyager: Interstellar Mission". NASA Jet Propulsion Laboratory. 2007. Besoek op 2008-05-08. - R. L. McNutt, Jr. et al. (2006). "Innovative Interstellar Explorer". Physics of the Inner Heliosheath: Voyager Observations, Theory, and Future Prospects 858: 341–347, AIP Conference Proceedings. doi:10.1063/1.2359348. - Anderson, Mark (2007-01-05). "Interstellar space, and step on it!". New Scientist. Besoek op 2007-02-05. - Stern SA, Weissman PR. (2001). "Rapid collisional evolution of comets during the formation of the Oort cloud.". Space Studies Department, Southwest Research Institute, Boulder, Colorado. Besoek op 2006-11-19. - Bill Arnett (2006). "The Kuiper Belt and the Oort Cloud". nineplanets.org. Besoek op 2006-06-23. - David Jewitt (2004). "Sedna – 2003 VB12". University of Hawaii. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2004-06-24. Besoek op 2006-06-23. - Mike Brown. "Sedna". CalTech. Besoek op 2007-05-02. - T. Encrenaz, J.P. Bibring, M. Blanc, MA. Barucci, F. Roques, PH. Zarka (2004). The Solar System: Third edition. Springer. p. 1. - Durda D.D.; Stern S.A.; Colwell W.B.; Parker J.W.; Levison H.F.; Hassler D.M. (2004). "A New Observational Search for Vulcanoids in SOHO/LASCO Coronagraph Images". Besoek op 2006-07-23. - A.D. Dolgov (2003). "Magnetic fields in cosmology". Besoek op 2006-07-23. - R. Drimmel, D. N. Spergel (2001). "Three Dimensional Structure of the Milky Way Disk". Besoek op 2006-07-23. - Leong, Stacy (2002). "Period of the Sun's Orbit around the Galaxy (Cosmic Year". The Physics Factbook. Besoek op 2007-04-02. - Leslie Mullen (2001). "Galactic Habitable Zones". Astrobiology Magazine. Besoek op 2006-06-23. - "Supernova Explosion May Have Caused Mammoth Extinction". Physorg.com. 2005. Besoek op 2007-02-02. - "Near-Earth Supernovas". NASA. Besoek op 2006-07-23. - C. Barbieri (2003). "Elementi di Astronomia e Astrofisica per il Corso di Ingegneria Aerospaziale V settimana". IdealStars.com. Besoek op 2007-02-12. - "Stars within 10 light years". SolStation. Besoek op 2007-04-02. - "Tau Ceti". SolStation. Besoek op 2007-04-02. - "HUBBLE ZEROES IN ON NEAREST KNOWN EXOPLANET". Hubblesite. 2006. Text "accessdate-2008-01-13" ignored (help) - Arnett, David (1996). Supernovae and Nucleosynthesis (First edition uitg.). Princeton, New Jersey: Princeton University Press. ISBN 0-691-01147-8. OCLC 33162440. - "Lecture 13: The Nebular Theory of the origin of the Solar System". University of Arizona. Besoek op 2006-12-27. - Greaves, Jane S. (2005-01-07). "Disks Around Stars and the Growth of Planetary Systems". Science 307 (5706): 68–71. DOI:10.1126/science.1101979 abstract full text. - "Present Understanding of the Origin of Planetary Systems". National Academy of Sciences. 2000-04-05. Besoek op 2007-01-19. - Boss, A. P. (2005). “Chondrule-forming Shock Fronts in the Solar Nebula: A Possible Unified Scenario for Planet and Chondrite Formation”. The Astrophysical Journal 621: L137. doi:10.1086/429160. - Sukyoung Yi; Pierre Demarque; Yong-Cheol Kim; Young-Wook Lee; Chang H. Ree; Thibault Lejeune; Sydney Barnes (2001). “Toward Better Age Estimates for Stellar Populations: The Isochrones for Solar Mixture”. Astrophysical Journal Supplement 136: 417. doi:10.1086/321795. arΧiv:astro-ph/0104292. - A. Chrysostomou, P. W. Lucas (2005). “The Formation of Stars”. Contemporary Physics 46: 29. doi:10.1080/0010751042000275277. - Jeff Hecht (1994). "Science: Fiery future for planet Earth". NewScientist. Besoek op 2007-10-29. - K. P. Schroder, Robert Cannon Smith (2008). “Distant future of the Sun and Earth revisited”. Monthly Notices of the Royal Astronomical Society 386: 155–163. doi:10.1111/j.1365-2966.2008.13022.x. - Pogge, Richard W. (1997). "The Once & Future Sun" (lecture notes). New Vistas in Astronomy. Besoek op 2005-12-07. External link in |work= (help)[dooie skakel] Verdere leesstof[wysig | wysig bron] - Anthony Fairall (2008). Sterkennis – 'n Inleidende gids tot die Heelal - J.E. van Zyl (2002). Ontsluier die heelal - Caroline Bingham (2005). Ruimte (vir jonger lesers) Eksterne skakels[wysig | wysig bron] Wikimedia Commons bevat media in verband met Solar System. | Sien sonnestelsel in Wiktionary, die vrye woordeboek. | - Sterrekunde-inligtingstuk vir die nuuskierige (PDF): vierdelig, met "Die Sonnestelsel" as deel 1. - Die Sonnestelsel by NASA se Sonnestelselverkenningswebwerf - Illustrasie van die afstand tussen die planete - Illustrasie wat die grootte van die planete met mekaar, die Son en ander sterre vergelyk. Die Sonnestelsel | ---| Son • Mercurius • Venus • Aarde • Mars • Ceres • Jupiter • Saturnus • Uranus • Neptunus • Pluto • Haumea • Makemake • Eris | Mane: Aarde • Mars • Asteroïdies • Jupiter • Saturnus • Uranus • Neptunus • Pluto • Haumea • Eris • Ringe: Jupiter • Saturnus • Uranus • Neptunus | Planete • Dwergplanete • Kleinplanete Meteoroïdes • Asteroïdes • Asteroïdegordel • Sentoure • Trans-Neptunus-voorwerpe • Kuipergordel • Verstrooide skyf • Komete • Hillswolk • Oortwolk |
<urn:uuid:373d259e-3339-463b-a47c-66559be34b62>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Sonnestelsel
2019-07-17T14:53:34Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525312.3/warc/CC-MAIN-20190717141631-20190717163631-00461.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999806
false
Focus Review Fokus About the author(s) Editorial Office,, South Africa Share this article Abstract Die oogpunt met hierdie rubriek is om ’n forum te skep waarin artikels van ’n meer populêr-wetenskaplike aard gepubliseer kan word. Artikels wat byvoorbeeld gerig is op die kerklike bedieningspraktyk, pastorale probleem hantering, spesifieke bedieningsfasette, die identifisering van probleemareas in die gemeentelike praktyk ensovoorts, kan in hierdie rubriek geplaas word. Keywords No related keywords in the metadata. Metrics Total abstract views: 1155 Total article views: 809 Crossref Citations No related citations found.
<urn:uuid:8d97a22f-f6c1-470e-b218-1a5d92536f82>
CC-MAIN-2019-30
https://indieskriflig.org.za/index.php/skriflig/article/view/1404
2019-07-17T15:25:39Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525312.3/warc/CC-MAIN-20190717141631-20190717163631-00461.warc.gz
by
4.0
a_tag
false
true
{ "abbr": [ "by", "by" ], "in_footer": [ true, false ], "in_head": [ false, false ], "location": [ "a_tag", "a_tag" ], "version": [ "4.0", "4.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.985957
false
Jayavarman VII Jayavarman VII | | ---|---| Koning van die Khmer-ryk | | Jayavarman VII Bewind | 1181–1218 | Voorganger | Yasovarman II | Opvolger | Indravarman II | Dinastie | Khmer-ryk | Volle naam | Jayavarthon | Vader | Dharanindravarman II | Moeder | Sri Jayarajacudamani | Eggenote | Jayarachadevi, Indradevi | Kinders | Ishanavarman II Harshavarman I | Godsdiens | Mahayana-Boeddhisme (voorheen Hindoeïsme) | Gebore | 1125 Angkor, Khmer-ryk | Oorlede | 1218 (op 92–93) Yaśodharapura, Khmer-ryk | Hy stam uit die Mahidharapura-dinastie uit die noordelike Dangrek-gebergte en kom op die troon ná 'n tydperk van dertig jaar se verwarring en oorloë. Daar is meer as 60 inskripsies van hom. Die meeste daarvan is nogtans 'n enkele sin met name van gode of belangrike persone wat dood is. Van die langer tekste is egter in Sanskrit pleks Khmer en van die koning self. Dit is opmerklik omdat in die drie eeue voor hom die neiging gewees het om Sanskrit met Khmer te vervang.[1] Jayavarman het ná oorwinnings wat hy oor die invallers van Champa behaal het op die troon gekom. Hy het dalk self in die Champa-hoofstad Vijaya gewoon toe die invalle begin het.[1] In 1181 word hy koning van 'n verwoeste land en aanvanklik woon hy in Jiyasri (die stad van die oorwinning) wat se voorskans met 6 meter hoë garuda's van sandsteen versier is, wat 'n Hindoeïstiese Vishnu-motief is. Dit verwys dalk ook na die oorwinning oor die Champa-koning. Wanneer die koning tot die Boeddhisme bekeer is, is 'n omstrede saak. Later vertrek Jayavarman na Angkor Thom toe dit gereed gekom het.[2] Onder hom het, moontlik onder Champa se invloed, die religie in 'n soort Mahayana-Boeddhisme verander.[1] Dit is bekend dat Jayavarman VII die Mahayana-boddhisattva Lokesvara vereer het. Inteenstelling tot sy voorgangers is die koning nie as 'n Hindoeïstiese Siva linga vergoddelik nie, maar as 'n Buddharadja, 'n lewende verteenwoordiger van die Boeddha op aarde[3] Hy het ook hoofpaaie van honderde kilometers aangelê met gashuise elke 15 km langs die pad na Angkor. Die paaie het van Angkor na die ooste oor die Dangrek-gebergte na Phimai en na die weste na Sisophon gelei.[1] Jayavarman het geprobeer om Champa te onderwerp. Hy het dit in 1190 aangeval en in die tydperk 1203-1220(?) het hy die hele Champa beset. Daarna het die Khmer egter teruggetrek en 'n Cham-prins wat aan Jayavarman se hof opgegroei het, het daar koning geword.[1] Verwysings[wysig | wysig bron] - Michael Vickery in: Southeast Asia: A Historical Encyclopedia, from Angkor Wat to East Timor, Keat Gin Ooi ABC-CLIO, 2004, ISBN 1-57607-770-5, ISBN 978-1-57607-770-2 - Cambodian Architecture: Eighth to Thirteenth CenturiesJacques Dumarçay, Pascal Royère BRILL, 2001, ISBN 9004113460, ISBN 9789004113466 - Buddhist Architecture Huu Phuoc Le Grafikol, 2010, ISBN 0-9844043-0-9, ISBN 978-0-9844043-0-8 Konings van die Khmer-ryk | ||||
<urn:uuid:de4df8b9-21b6-40cd-b2c0-f30c5c034186>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Jayavarman_VII
2019-07-18T21:45:57Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525829.33/warc/CC-MAIN-20190718211312-20190718233312-00061.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999504
false
Svante Arrhenius Svante Arrhenius | | Svante Arrhenius Geboortenaam | Svante August Arrhenius | ---|---| Gebore | 19 Februarie 1859 Wik-kasteel, Uppland, Swede | Oorlede | 2 Oktober 1927 (op 68) Stockholm, Swede | Nasionaliteit | Sweeds | Vakgebied | Fisika, chemie | Instelling(s) | Koninklike Instituut van Tegnologie, Swede | Alma mater | Universiteit van Uppsala Universiteit van Stockholm | Doktorale promotor(s) | Per Teodor Cleve, Erik Edlund | Doktorale student(e) | Oskar Benjamin Klein | Bekend vir | Arrhenius se vergelyking Teorie van ioniese dissosiasie Suur-basisteorie | Toekennings | Nobelprys vir Chemie (1903) Franklinmedalje (1920) | Svante August Arrhenius (* 19 Februarie 1859 op die landgoed Vik naby Uppsala; † 2 Oktober 1927 in Stockholm) was 'n Sweedse chemikus. Arrhenius is in 1884 gepromoveer tot doktor in die wetenskappe aan die universiteit van Uppsala. Sy proefskrif het gehandel oor die elektriese geleidbaarheid. Hoewel sy kommissie die waarde van díe proefskrif nie onderken het nie het dit die uitgangspunt en grondslag geword van sy teorie oor elektrolitiese dissosiasie. In 1903 het Arrhenius die Nobelprys vir Chemie ontvang[1] en in 1919 word hy direkteur van die Nobel-instituut vir fisiese chemie in Stockholm. Hy word beskou as een van die grondleggers van die fisiese chemie. Verwysings[wysig | wysig bron] - ( ) "The Nobel Prize in Chemistry 1903". Nobelprize.org. Besoek op 8 Oktober 2017.
<urn:uuid:31dd87ef-7738-497d-a7e5-5d15aed16be2>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Svante_Arrhenius
2019-07-18T22:02:56Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525829.33/warc/CC-MAIN-20190718211312-20190718233312-00061.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999501
false
Frederick Struben Struben verhuis in 1871 na Kimberley en gaan prospekteer van 1883 af op die Rand. Sy broer, Hendrik het hom by hom aangesluit en hulle vestig op die plaas Wilgespruit. In Maart 1884 is die Sterkfontein Junction Syndicate aan die Rand gestig. In September 1884 is die beroemde Confidence Reef ontdek en in Pretoria bekend gemaak tydens die volgende Junie. Die ontginning het in Desember 1885 begin. Struben het in 1888 afgetree om in Engeland te gaan woon waar hy 43 jaar later oorlede is. Bronne[wysig | wysig bron] - Rosenthal, Eric. 1978. Encyclopaedia of Southern Africa. Cape Town and Johannesburg: Juta and Company Limited.
<urn:uuid:ef14b7f6-fb53-4d52-9b4a-8312af2a0fad>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Frederick_Struben
2019-07-21T09:28:09Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526940.0/warc/CC-MAIN-20190721082354-20190721104354-00381.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999647
false
Dolores Fuller Jump to navigation Jump to search Dolores Fuller | | Geboorte | 10 Maart 1923 | ---|---| Nasionaliteit | Amerikaans | Sterfte | 9 Mei 2011 (op 88) | Beroep(e) | Aktrise en skryfster | Internet-rolprentdatabasis-profiel | Dolores Fuller (10 Maart 1923 – 9 Mei 2011) was 'n Amerikaanse aktrise en skryfster. Sy was bekend vir haar rolle in die rolprente Glen or Glenda (1953), The Body Beautiful (1953), Jail Bait (1954), en Bride of the Monster (1955). Filmografie[wysig | wysig bron] Rolprente[wysig | wysig bron] - 1953: Glen or Glenda - 1953: The Body Beautiful - 1954: Jail Bait - 1955: Bride of the Monster - 1995: The Haunted World of Edward D. Wood Jr. Televisierolprente[wysig | wysig bron] - 1998: Ein ungeschliffener Diamant Video's[wysig | wysig bron] - 1994: Ed Wood: Look Back in Angora - 1997: The Ironbound Vampire - 1999: The Stars of 'Star Wars': Interviews from the Cast
<urn:uuid:f771d071-4402-4f58-8385-8dba4a07f075>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Dolores_Fuller
2019-07-23T22:33:44Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529737.79/warc/CC-MAIN-20190723215340-20190724001340-00141.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.977295
false
Mimar Sinan Koca Mi'mâr Sinân Âğâ (Ottomaanse Turks: معمار سينان; Moderne Turks: Mimar Sinan, uitspraak [miːˈmaːɾ siˈnan], "Sinan die argitek"; c. 1489/1490 – 17 Julie 1588) was 'n Ottomaanse argitek en siviele ingenieur. Hy het vir sultans soos Süleyman I, Selim II, en Murat III gewerk. Hy was byna vyftig jaar in diens van die Ottomaanse Ryk. Sy meesterstuk is die Selimiye-moskee wat in Edirne geleë is. Hy is veral bekend vir sy werk aan die Süleymaniye-moskee wat in Istanboel geleë is. Mimar Sinan خوجه معمار سنان آغا | | 'n Standbeeld van Mimar Sinan in Ankara Gebore | c. 1488/1490 Ağırnas, Ottomaanse Ryk | ---|---| Oorlede | 17 Julie 1588 Istanboel, Ottomaanse Ryk | Nasionaliteit | Ottomaans | Beroep | argitek | Bekend vir | Selimiye-moskee, Edirne Süleymaniye-moskee, Istanboel |
<urn:uuid:f7eb6a87-17f2-4c66-a5b6-69ecdbcebb32>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Mimar_Sinan
2019-07-17T14:51:03Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525312.3/warc/CC-MAIN-20190717141631-20190717163631-00485.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.998536
false
Maak hoofkeuseskerm oop Soek Wysigings ← Ouer wysiging Nuwer wysiging → Kategorie:Voormalige lande (wysig) Wysiging soos op 20:28, 23 Februarie 2010 55 grepe bygevoeg , 9 jaar gelede k robot Bygevoeg: mr:वर्ग:भूतपूर्व देश [[mk:Категорија:Поранешни земји]] [[mn:Ангилал:Хуучны улс гүрнүүд]] [[mr:वर्ग:भूतपूर्व देश]] [[ms:Kategori:Bekas negara]] [[nah:Neneuhcāyōtl:Huehcāuh Tlācatiyān]] ArthurBot 20 664 wysigings Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/580102 "
<urn:uuid:07da8321-1a44-4638-b789-86f1cf4639f4>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/580102
2019-07-17T14:22:13Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525312.3/warc/CC-MAIN-20190717141631-20190717163631-00485.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.905577
false
Sophia Kapp Sophia Kapp is ’n bekroonde Afrikaanse skryfster van liefdesromans. Sy debuteer in 2007 met die eerste insetsel, Die erflating, van ’n trilogie wat handel oor drie susters. Kapp is ook sedert 2013 lid van die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en is verder betrokke by die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA). Inhoud Lewe en werk[wysig | wysig bron] Sophia Kapp is in 1965 gebore en is die enigste kind van Matthys Swart, ’n prokureur, en Gertina Swart, ’n Afrikaansonderwyseres. Sy word groot in Durban en matrikuleer in 1982 aan die Dirkie Uys Hoërskool. Hierna studeer sy tot 1987 aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat in Bloemfontein. Vir geruime tyd is sy ’n dosent in Afrikaans aan die Noordwes-Universiteit. Sy het as taalpraktisyn gewerk vir die Suid-Afrikaanse Aptekersraad en die Wes-Kaap Onderwysdepartement, tot sy weer dosent in Vertaal- en Tolkstudie by die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit word. Sy werk tans voltyds as taaladviseur vir die Virtuele Instituut vir Afrikaans, en skryf deeltyds. Sedert 2013 is sy lid van die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. [1] Skryfwerk[wysig | wysig bron] Die erflating is die eerste boek in ’n trilogie oor drie susters en word in 2008 bekroon met ’n ATKVeertjie vir liefdesroman van die jaar. Hierdie verhaal speel in Kaapstad af, waar Adri Malan finansiële direkteur is van haar pa se maatskappy. Wanneer hy sterf, hoor sy dat hy die maatskappy aan ’n vreemdeling verkoop het, sodat sy onverwags in iemand anders se diens is in stede daarvan om haar eie baas te wees. In ’n Nuwe lente is JC, Adri se suster, die hoofkarakter. Na die mislukking van ’n liefdesverhouding, begeef sy haar na ’n stranddorpie. Hier word sy gedwing om ’n strandhuis met die slonserige en ongeskikte Josua du Toit te deel. Waar die hart is vertel weer van Idalette, die rooikop stiefsuster met ’n temperament om by haar hare te pas. Haar loopbaan as model is verby, haar huwelik is op die rotse en Charl Nienaber, wat in beheer is van haar erflating, laat geen twyfel oor wat hy van haar vermoëns as enkelouer dink nie. Die tuiskoms is in 2009 op die kortlys vir die toekenning van die ATKV se prys vir liefdesromans en is eindelik naaswenner. Hierin word onder andere die tema van gesinsgeweld aangeroer. Liz Aucamp het Groblersdorp in die Klein-Karoo tien jaar gelede as banneling verlaat en daarna ’n onkoloog geword met ’n blink toekoms. Omstandighede dwing haar egter terug Groblersdorp toe. Hier moet sy haar staal vir die herontmoetings met Jans Gildenhuys, wat haar jong liefde versmaai het; met die prokureur Herk Louw wat haar bloot op grond van skinderstories veroordeel en verwerp het; en met die snobistiese Magdel Aucamp. Sy besef egter gaandeweg dat Groblersdorp haar vaardighede nodig het en dat sy hier ’n reuseverskil kan maak, as sy maar net ’n plek in Herk Louw se hart kan kry. In Die ooreenkoms is die sakeman Adam en die sangeres Petronel se wêrelde ver van mekaar verwyder, maar na ’n nag van passie sluit hulle ’n ooreenkoms. Danielle se eerste jaar op universiteit is in Die verhuising nie wat sy gedink het dit gaan wees nie. Sy is op ’n kampus waar sy nie wil wees nie, op ’n dorp waarvan sy nie hou nie en deel ’n huis met ’n ma wat beheer oor haar eie lewe verloor. Elkeen dra sy eie kruis in hierdie huis. Huis van die wind wen in 2012 die ATKV-prys vir liefdesromans. Dit vertel van die liefdesverhouding tussen ’n Afrikaanse vrou uit ’n gesiene familie en ’n Portugese kafeebaas se seun, wat verskeie struikelblokke sal moet oorkom as dit wil slaag. In Driehoek is die hoofkarakter Tessa reeds bekend as ’n newekarakter uit “Die verhuising”. Sy ontmoet die liefde van haar lewe, maar hy verskil in elke denkbare opsig van die man van haar drome. Hierdie roman word in 2014 bekroon met die ATKV-prys vir liefdesromans.[1][2] Oorlewingsgids vir ’n bedonnerde diva se hoofkarakter is Top of Form Simoné Bekker, wat deur haar tweede egskeiding gedwing word om saam met haar tienerseun terug te keer na haar ma in Boekenhoutskloof, waar sy grootgeword het. Sy is terneergedruk omdat sy toegelaat het dat haar eiewaarde vertrap word en dat sy versuim het om op te tree in belang van haar kind. Hierdie keer besluit sy om haarself reg te ruk, sodat sy weer haar plek in die lewe kan volstaan en nooit weer toe te laat dat iemand oor haar stoomroller nie. Die pad is moeilik, maar met die hulp van haar ma Magdaleen, haar seun en veral Barnard Richter, oorleef sy tog en kan sy ’n gids daaroor skryf.[3][4] Publikasies[wysig | wysig bron] - 2007 Die erflating en ’n Nuwe lente - 2008 Waar die hart is en Die tuiskoms - 2009 Die ooreenkoms - 2010 Die verhuising - 2011 Huis van die wind - 2013 Driehoek - 2016 Oorlewingsgids vir ’n bedonnerde diva - 2018 "Kantelpunt" Verwysings[wysig | wysig bron] Tydskrifte en koerante[wysig | wysig bron] - Anoniem “Elke dag maak saak”, Rooi Rose, Januarie 2008 - Roux, Jaybee “Drie liefdesverhale verskaf goeie vermaak”, Plus, 16 September 2008 - Roux, J.B. “Elke nuwe storie is anders”, Beeld, 6 Februarie 2013 - Salzwedel, Ilse “Romanse: Dis haar genre en basta!”, My tyd Rapport, 13 Desember 2009
<urn:uuid:4e4b2f4f-79cd-41e4-a488-d73bcdba818f>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Sophia_Kapp
2019-07-17T14:46:29Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525312.3/warc/CC-MAIN-20190717141631-20190717163631-00485.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
1.000006
false
Barney Barnato Barney Barnato | | Portret van Barney Barnato Geboortenaam | Barnet Isaacs | ---|---| Gebore | 21 Februarie 1851 Aldgate, Londen | Oorlede | 14 Junie 1897 (op 46) Op see, naby die eiland Madeira | Nasionaliteit | Verenigde Koninkryk | Ouers | Isaac Isaacs Leah Isaacs | Beroep | diamante en goud mynbou-entrepreneur | Religie | Judaïsme[1] | Huweliksmaat | Fanny Christina Bees | Kind(ers) | Woolf Barnato (1895-1948) Isaac "Jack" Henry Woolf Barnato (ca. 1894-1918) Leah Primrose Barnato (d. 1933) | Barney Barnato was 'n mynmagnaat (Randlord) wat sy fortuin gemaak het in Suid-Afrika tydens die diamant- en goudstormlope. Barney is gebore in 1852 in Londen as Barnett Isaacs en was die seun van 'n kroegbaas in die Ooseinde. Hy word 'n verhoogkunstenaar en bokser saam met sy broer, Henry onder die naam Bernato. Hy volg sy broer in 1873 na Suid-Afrika. Hulle werk in Kimberley as delwers, diamantkopers, spekulante en word skatryk. Hulle was in beheer van verskeie belangrike myne en kom in aanraking met Cecil Rhodes. Na 'n stryd vir die beheer van die diamantveld volg 'n samesmelting van belange in 1888. Barney word 'n lewenslange president van De Beers Consolidated Mines. Van 1889 tot 1897 verteenwoordig hy Kimberley in die Kaapse parlement. Na die ontdekking van goud verhuis hy na Johannesburg en stig die maatskappy Johannesburg Consolidated Investment in 1889. Hy het 'n senuwee-ineenstorting gekry en in 1897 pleeg hy selfmoord deur oorboord te spring op een van sy seereise tussen Kaapstad en Southampton. Sy boedel was gewaardeer teen net minder as ₤ 1 000 000.
<urn:uuid:39506d6d-735b-492f-ad39-1238013d7d60>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Barney_Barnato
2019-07-18T22:13:15Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525829.33/warc/CC-MAIN-20190718211312-20190718233312-00085.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99991
false
Louisiaanse Kreools Louisiaanse Kreools kréyòl, kouri-vini, gombo, fransé, fransé kasé | || ---|---|---| Gepraat in: | Verenigde State | | Gebied: | Suid-Louisiana | | Totale sprekers: | 10 000[1] | | Taalfamilie: | Kreools Frans Louisiaanse Kreools | | Skrifstelsel: | Latynse alfabet | | Amptelike status | || Amptelike taal in: | geen | | Gereguleer deur: | geen | | Taalkodes | || ISO 639-1: | geen | | ISO 639-2: | || ISO 639-3: | lou | | Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. | Louisiaanse Kreools (Kreools: kréyol la lwizyàn; Frans: créole louisianais; Engels: Louisiana Creole) is 'n Frans-gebaseerde Kreools wat deur 'n deel van die Kreoolse bevolking in die Amerikaanse deelstaat Louisiana gepraat word. As mengeltaal verenig dit grotendeels elemente van Frans en Afrikatale en toon sodoende baie ooreenkomste met ander Frans-gebaseerde Kreooltale in die Karibiese Seegebied, waaronder Haïtiaanse Kreools. Verwysings[wysig | wysig bron] - ( ) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Louisiana Creole". Ethnologue. Besoek op 19 Februarie 2018.
<urn:uuid:4b7b65e9-eed5-4d27-bf75-f8289fb248e4>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Louisiaanse_Kreools
2019-07-18T22:02:45Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525829.33/warc/CC-MAIN-20190718211312-20190718233312-00085.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.992703
false
Teseus Vroeë jare[wysig | wysig bron] Egeus het getrou met Etra, die dogter van koning Pitteus van Troezen, ’n stadjie suidwes van Athene. Op hulle huweliksnag het Etra deur die see geloop na die eiland Sfairia en daar geslaap by die god van die see, Poseidon. Die mengsel van semen het ’n seun tot gevolg gehad wat halfgod, halfmens was. (Sulke dubbele vaderskappe, die een sterflik en die ander onsterflik, was ’n bekende eienskap van die Griekse helde.) Toe Etra swanger raak, het Egeus besluit om na Athene terug te keer. Voor hy weg is, het hy egter sy sandale en swaard onder ’n groot rots begrawe en vir haar gesê dat wanneer hulle seun groot genoeg is, moet hy die rots wegskuif as hy heldhaftig genoeg is, en die items vir hom vat as bewys van sy koninklike herkoms. In Athene het Medea, wat uit Korinthe gevlug het nadat sy haar en Jason se kinders doodgemaak het, sy nuwe metgesel geword. Teseus het dus by sy ma grootgeword. Toe hy groot was, het hy die rots weggeskuif en die items gekry wat sy pa daar begrawe het. Sy ma het vir hom die waarheid oor sy pa vertel en gesê hy moes die wapens terugneem na die koning en sy geboortereg opeis. Om in Athene te kom, kon Teseus een van twee roetes volg: ter see, wat die veilige roete was, of op land met ’n gevaarlike pad langs waar hy ses ingange tot die onderwêreld sou teenkom wat elk bewaak is deur vyande soos diewe en rowers. Hy was jonk en dapper, en daarom het Teseus besluit om alleen op land na Athene te gaan. Op sy pad het hy talle rowers verslaan. Toe Teseus in Athene aankom, het hy nie sy ware identiteit dadelik bekend gemaak nie. Eindelik het Egeus sy seun herken toe hy die sandale en swaard sien. Die Minotourus[wysig | wysig bron] Nadat Minos die troon van Kreta bestyg het, het hy met sy broers gestry oor die reg om te regeer. Minos het vir Poseidon gevra om vir hom ’n sneeuwit bul te stuur as ’n teken van sy goedkeuring. Hy moes die bul aan Poseidon offer, maar het besluit om dit eerder te hou omdat dit so mooi was. Om hom te straf het Poseidon Pasifaë, Minos se vrou, laat verlief raak op die bul. Sy het Daidalos gevra om vir haar ’n houtkoei te maak waarin sy toe geklim het om met die bul te paar. Hul kind was ’n monster, die Minotourus. Hy het later wild en boosaardig geword en Minos het Daidalos gevra om ’n labirint te ontwerp waar die Minotourus gehou is. Minos se seun is later deur die inwoners van Athene doodgemaak (of deur die Kretensiese Bul wat Egeus hom gevra het om dood te maak). Minos het oorlog teen die Atheners verklaar om sy seun se dood te wreek en het gewen. Hy het daarna geëis dat sewe jong mans en sewe jong vroue van Athene elke nege jaar aan die Minotourus geoffer word. Om ’n einde te bring aan dié offerandes, het Egeus vir Teseus gestuur om die Minotourus dood te maak. In Kreta het Ariadne, Minos se dogter, op Teseus verlief geraak en hom gehelp om die Minotourus dood te maak. Verwysings[wysig | wysig bron] - Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Theseus
<urn:uuid:7bab9388-46ca-484c-8cf7-e2d6e65c7306>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Teseus
2019-07-18T22:27:55Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525829.33/warc/CC-MAIN-20190718211312-20190718233312-00085.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
1.000009
false
Kolonisasie van Ulster Die Kolonisasie van Ulster (Engels: Plantation of Ulster, Iers: Plandáil Uladh; Ulster-Skots: Plantin o Ulstèr) was die georganiseerde Skotse en Engelse volksplanting in Ulster, een van die vier historiese provinsies van Ierland. Privaat kolonisasie deur welvarende landeienaars het al in 1606 begin, terwyl die amptelike volksplanting, wat deur die Parlement van Skotland beheer is, sy aanvang twee jaar later geneem het. Alle grond, wat in besit van Ierse hoofde van die Uí Néill- (O'Neill-) en Uí Domhnaill- (O'Donnell-)dinastieë was, is saam met dié van hul ondersteuners onteien om daarop Skotse setlaars te vestig. Altesaam 'n halfmiljoen akkers of 2 000 km² se grond in die graafskappe Tyrconnell (Donegal), Tyrone, Fermanagh. Cavan, Coleraine en Armagh is gekonfiskeer. Die grootste deel van die graafskappe Antrim en Down is privaat gekoloniseer. Van Britse "pagters" of tenants, soos hulle destyds genoem is, het merendeels uit Skotland en Engeland gekom. Van hulle is vereis dat hulle Engelssprekend en van Protestantse geloof was. Die meeste Skotse setlaars was Presbiterianers, terwyl Engelse koloniste meestal aanhangers van die Kerk van Engeland was. Die kolonisasie van Ulster was die grootste van alle Britse volksplantings in Ierland. Ulster is veral gekoloniseer om verdere opstande te voorkom aangesien hierdie landsdeel in die vorige eeu die meeste weerstand teen die Engelse bewind gebied het. Ulster voor die volksplanting[wysig | wysig bron] Voordat Ulster in die 1590's gedurende die Negejarige Oorlog verower is, was dit die mees Gaeliese deel van Ierland, 'n provinsie wat grotendeels buite Engelse beheer bestaan het.[1] Die gebied was volgens die destydse Europese vastelandse standaard onderontwikkel, en daar was min nedersettings.[2][3][4] Gedurende die 16de eeu is Ulster deur die Engelse as "onderbevolk" en onontwikkel beskou.[5][6] 'n Vroeë, maar vergeefse poging om die noorde van Ierland langs die ooskus van Ulster te koloniseer is in die 1570's deur Walter Devereux, 1ste graaf van Essex onderneem. Verwysings[wysig | wysig bron] - R. R. Madden: The United Irishmen, Their Lives and Times. Boekdeel 1. Londen: J. Madden & Co 1845, bl. 2-5 - Cyril Falls: The Birth of Ulster. Londen: Constable and Company Ltd. 1966, bl. 11-12 - P. Robinson: The Plantation of Ulster. Belfast: Ulster Historical Foundation 2000, bl. 28 - Dr. I. Adamson: The Identity of Ulster. Derde druk. Bangor: Pretani Press 1995, bl. 11 - Sien J. Bardon: A History of Ulster. Nuwe hersiene uitgawe. Belfast: Blackstaff Press 2001, bl. 75 - D.A. Chart: A History of Northern Ireland. The Educational Co. Ltd. 1928, bl. 18
<urn:uuid:99095828-7836-4e92-b42d-1abd4676ecb9>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kolonisasie_van_Ulster
2019-07-20T03:15:34Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526408.59/warc/CC-MAIN-20190720024812-20190720050812-00245.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99874
false
Boekbronne Jump to navigation Jump to search Biblioteke Suid-Afrika: - Soek die boek in die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika se katalogus - Soek die boek in die SEALS Konsortium se biblioteek - Soek die boek in die Universiteit van Suid-Afrika se biblioteek - Soek die boek in die Universiteit van die Witwatersrand se biblioteek - Soek die boek in die Kaapse Hoër Onderwys Konsortium se biblioteek Wêreldwyd: - Soek die boek deur WorldCat in jou plaaslike biblioteek se katalogus Boekwinkels Suid-Afrika: Ander lande:
<urn:uuid:e78ed487-afc7-412c-b56a-4187318fa9c6>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Boekbronne/1868724425
2019-07-20T03:47:33Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526408.59/warc/CC-MAIN-20190720024812-20190720050812-00245.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999935
false
tweevoud Jump to navigation Jump to search Inhoud Enkelvoud | Meervoud | ---|---| tweevoud | tweevoude | - تْڤَِي فَوْدْ , meervoud: تْڤَِي فَوْدِی - twévout, twévoud; meervoud: twévoude - Benoeming, aanduiding van twee persone of dinge, dubbeltal. Vertalings: tweevoud | ||| ---|---|---|---| Enkelvoud | Meervoud | | ---|---|---| Naamwoord | tweevoud | tweevouden | Verouderde vorme | || Genitief | tweevouds | tweevouden | Datief | tweevoude | tweevouden | - IPA:
<urn:uuid:83b0de38-bf85-4b9c-baf9-8301f31dcea1>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wiktionary.org/wiki/tweevoud
2019-07-22T16:32:23Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528141.87/warc/CC-MAIN-20190722154408-20190722180408-00005.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.66291
false
Beweging van Onverbonde Lande Die Beweging van Onverbonde Lande (BOL; Engels: Non-Aligned Movement, NAM; Serwo-Kroaties: Pokret nesvrstanih; Frans: Mouvement des non-alignés, NAM; Spaans: Movimiento de Países No Alineados, MPNA; Portugees: Movimento Não-Alinhado, MNA) is 'n internasionale organisasie van lande, wat nie tot 'n militêre alliansie behoort nie en tydens die Koue Oorlog neutraal was. Die stigting van die organisasie is geïnisieer deur die Joego-Slawiese president Josip Broz Tito, die Egiptiese staatshoof Gamal Abdel Nasser, Ghana se eerste president Kwame Nkrumah, die Indiese eerste minister Jawaharlal Nehru en die Indonesiese president Sukarno. Dit is tydens 'n vergadering in Belgrado in 1961 gestig en later het talle lande van Afrika en Asië by die Beweging aangesluit. Die doelwitte is die gelykheid tussen die lande en 'n positiewe ekonomiese ontwikkeling van die lidlande. Inhoud LidlandeWysig In 2012 het die organisasie 120 lidlande en 17 waarnemende lande gehad.[1] Huide lidlandeWysig Die volgende lande is lede van die Beweging van Onverbonde Lande, gerangskik volgens kontinente, wys hul jaar van toetreding:[2] AfrikaWysig AmerikasWysig AsiëWysig EuropaWysig OseaniëWysig Voormalige lidlandeWysig Waarnemende landeWysig Die volgende lande en organisasies het waarnemende status:[1] LandeWysig OrganisasiesWysig VoorsittersWysig Voorsitter van Onverbonde Lande | |||| ---|---|---|---|---| Naam | Land | Party | vanaf | tot | Josip Broz Tito | Joego-Slawië | Liga van Kommuniste van Joego-Slawië | 1961 | 1964 | Gamal Abdel Nasser | Verenigde Arabiese Republiek | Arabiese Sosialistiese Unie | 1964 | 1970 | Kenneth Kaunda | Zambië | United National Independence Party | 1970 | 1973 | Houari Boumediène | Algerië | Revolusionêre Raad | 1973 | 1976 | William Gopallawa | Sri Lanka | Onafhanklik | 1976 | 1978 | Junius Richard Jayewardene | Verenigde Nasionale Party | 1978 | 1979 | | Fidel Castro | Kuba | Kommunistiese Party van Kuba | 1979 | 1983 | Neelam Sanjiva Reddy | Indië | Janata Party | 1983 | | Zail Singh | Indiese Nasionale Kongres | 1983 | 1986 | | Robert Mugabe | Zimbabwe | ZANU-PF | 1986 | 1989 | Janez Drnovšek | Joego-Slawië | Liga van Kommuniste van Joego-Slawië | 1989 | 1990 | Borisav Jović | Sosialistiese Party van Serwië | 1990 | 1991 | | Stjepan Mesić | Kroaties Demokratiese Unie | 1991 | || Branko Kostić | Demokratiese Party van Sosialistiese van Montenegro | 1991 | 1992 | | Dobrica Ćosić | Serwië en Montenegro | Onafhanklik | 1992 | | Suharto | Indonesië | Partai Golongan Karya | 1992 | 1995 | Ernesto Samper | Colombia | Colombiaanse Liberale Party | 1995 | 1998 | Andrés Pastrana Arango | Colombiaanse Liberale Party | 1998 | || Nelson Mandela | Suid-Afrika | African National Congress | 1998 | 1999 | Thabo Mbeki | 1999 | 2003 | || Mahathir Mohamad | Maleisië | United Malays National Organisation | 2003 | | Abdullah Ahmad Badawi | 2003 | 2006 | || Fidel Castro[7] | Kuba | Kommunistiese Party van Kuba | 2006 | 2008 | Raúl Castro | 2008 | 2009 | || Hosni Mubarak | Egipte | Nasionale Demokratiese Party | 2009 | 2011 | Mohamed Hussein Tantawi | Onafhanklik | 2011 | 2012 | | Mohamed Morsi | Vryheid en Geregtigheidspparty | 2012 | || Mahmoud Ahmadinejad | Iran | Alliansie van Bouers van Islamitiese Iran | 2012 | 2013 | Hassan Rohani | Vereniging van Vegtende Geestelikes | 2013 | hede | VergaderingsWysig Die konferensie van die staatshoofde of regering van die Beweging van Onverbonde Lande, oftewel na Vergadering van die Beweging van Onverbonde Lande genoem, is die belangrikste vergadering in die beweging en word elke paar jaar gehou.[8] Datum | Gasheerland | Gasheerstad | | ---|---|---|---| 1ste | 1–6 September 1961 | Joego-Slawië | Belgrado | 2de | 5–10 Oktober 1964 | Verenigde Arabiese Republiek | Kaïro | 3de | 8–10 September 1970 | Zambië | Lusaka | 4de | 5–9 September 1973 | Algerië | Algiers | 5de | 16–19 Augustus 1976 | Sri Lanka | Colombo | 6de | 3–9 September 1979 | Kuba | Havana | 7de | 7–12 Maart 1983 | Indië | Nieu-Delhi | 8ste | 1–6 September 1986 | Zimbabwe | Harare | 9de | 4–7 September 1989 | Joego-Slawië | Belgrado | 10de | 1–6 September 1992 | Indonesië | Jakarta | 11de | 18–20 Oktober 1995 | Colombia | Cartagena de Indias | 12de | 2–3 September 1998 | Suid-Afrika | Durban | 13de | 20–25 Februarie 2003 | Maleisië | Kuala Lumpur | 14de | 15–16 September 2006 | Kuba | Havana | 15de | 11–16 Julie 2009 | Egipte | Sharm El Sheikh | 16de | 26–31 Augustus 2012 | Iran | Teheran | 17de | 2015 | Venezuela | Caracas | Ander vergaderings (soos die Bali-vergadering vanaf 23 tot 27 Mei 2011) is gehou tussen die amptelike vergaderings. Die Beweging van Onverbonde Lande het sy 50ste verjaarsdag in Belgrado op 5-6 September 2011 gevier.[9][10] VerwysingsWysig - ( ) "NAM Members & Observers". 16th Summit of the Non-Aligned Movement, Teheran, 26–31 Augustus 2012. Besoek op 24 Augustus 2012. - ( Cahoon, Ben. ) "Non-Aligned Movement (NAM)". World Statesmen.org. Besoek op 4 September 2012. - ( La Nación – Opinión – bl. 19: ) Los No Alineados, vir Lucio Garcia del Solar, 10 Oktober 2006. - ( ) Final Document of the 7th Summit of the Non-Aligned Movement -(New Delhi Declaration) - ( ) "The Non-Aligned Movement: Member States". XII Summit, Durban, Suid-Afrika, 2–3 September 1998. Besoek op 24 Augustus 2012. - ( Kin, Lai Kwok (2 September 1992). ) "Yugoslavia Casts Shadow over Non-Aligned Summit". Reuters (via The Independent. Besoek op 24 Augustus 2012. - ( ) "Castro elected President of Non-Aligned Movement Nations". People's Daily. 16 September 2006. - ( XV Summit of the Non-Aligned Movement, Sharm El Sheikh, 11–16 July 2009: ) Previous Summits - ( ) Non-aligned again in Belgrade - ( ) Secretary-General's Message to Additional Commemorative Meeting of the Non-Aligned Movement Eksterne skakelsWysig Wikimedia Commons bevat media in verband met Non-Aligned Movement. | - ( ) Amptelike webwerf - ( ) Amptelike webwerf van die 16de Vergadering - ( ) Amptelike webwerf van die 15de Vergadering - ( ) Amptelike webwerf van die 14de Vergadering Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Duitse Wikipedia vertaal. | Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
<urn:uuid:142c5044-3da8-4d57-8dc6-107a439fbbcc>
CC-MAIN-2019-30
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Beweging_van_Onverbonde_Lande
2019-07-23T21:55:19Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529737.79/warc/CC-MAIN-20190723215340-20190724001340-00165.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa", "by-sa" ], "in_footer": [ false, true ], "in_head": [ true, false ], "location": [ "link_tag", "a_tag" ], "version": [ "3.0", "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.988307
false
Verwante veranderings Jump to navigation Jump to search Tik 'n bladsynaam om veranderinge aan bladsye te sien wat daarvan of daarheen skakel. (Om inskrywings van 'n kategorie te sien, tik Kategorie:Naam van kategorie). Veranderinge aan bladsye op u dophoulys word in vetdruk aangedui. Lys van afkortings: - N - Met die wysiging is 'n nuwe bladsy geskep. (sien ook die lys van nuwe bladsye) - k - Hierdie is 'n klein wysiging - b - Hierdie wysiging is deur 'n bot gemaak - D - Wikidata-wysiging - (±123) - Bladsy is met die aantal grepe gewysig 23 Julie 2019 - Wikipedia:Geselshoekie; 16:50 +683 Charlielv55 →Willem Mengelberg - Wikipedia:Geselshoekie; 09:57 0 Voyageur →''Two-nation theory'' Etiket: 2017-bronwysiging k - Wikipedia:Geselshoekie; 09:57 -1 Voyageur →Willem Mengelberg Etiket: 2017-bronwysiging k - Wikipedia:Geselshoekie; 09:56 +34 Voyageur →''Two-nation theory'' Etiket: 2017-bronwysiging k - Wikipedia:Geselshoekie; 09:52 +7 Voyageur →''Two-nation theory'' Etiket: 2017-bronwysiging k - Wikipedia:Geselshoekie; 09:50 +3 Voyageur →''Two-nation theory'' Etiket: 2017-bronwysiging k - Wikipedia:Geselshoekie; 09:44 +1 033 Voyageur →Willem Mengelberg Etikette: 2017-bronwysiging, PHP7 k 22 Julie 2019 - Wikipedia:Sandput; 20:48 -807 Lofty abyss Reverted 1 edit by 220.127.116.11 (talk) to last revision by Aliwal2012. (TW) Etikette: Vervanging, Ongedaanmaking k - Wikipedia:Sandput; 19:54 +807 18.104.22.168 Etikette: Selfoonbydrae, Wysiging op selfoonwerf - Wikipedia:Geselshoekie; 18:27 +4 Charlielv55 →Willem Mengelberg - Wikipedia:Geselshoekie; 18:27 +665 Charlielv55 →Willem Mengelberg: nuwe afdeling 21 Julie 2019 - Wikipedia:Geselshoekie; 22:59 +28 Jcwf →Wikiwoordeboek - Wikipedia:Geselshoekie; 22:58 +475 Jcwf →Wikiwoordeboek: nuwe afdeling 20 Julie 2019 19 Julie 2019 18 Julie 2019 17 Julie 2019 - Wikipedia:Geselshoekie; 16:53 +80 Voyageur →Is Goodreads.com 'n geldige bron? Etikette: 2017-bronwysiging, PHP7 k - Wikipedia:Geselshoekie; 16:50 -1 Voyageur →Is Goodreads.com 'n geldige bron? Etikette: 2017-bronwysiging, PHP7 k - Wikipedia:Geselshoekie; 16:49 +709 Voyageur →Is Goodreads.com 'n geldige bron? Etikette: 2017-bronwysiging, PHP7 k - Wikipedia:Geselshoekie; 14:13 -1 Suidpunt →Is Goodreads.com 'n geldige bron? Etiket: PHP7 - Wikipedia:Geselshoekie; 14:12 +2 343 Suidpunt →Is Goodreads.com 'n geldige bron? Etiket: PHP7 - Wikipedia:Geselshoekie; 14:08 +1 526 Suidpunt →Is Goodreads.com 'n geldige bron? Etiket: PHP7 - Wikipedia:Geselshoekie; 14:03 -2 Suidpunt →Is Goodreads.com 'n geldige bron? Etiket: PHP7 - Wikipedia:Geselshoekie; 14:01 0 Suidpunt →Is Goodreads.com 'n geldige bron? Etiket: PHP7 - Wikipedia:Geselshoekie; 14:00 0 Suidpunt →Is Goodreads.com 'n geldige bron? Etiket: PHP7 - Wikipedia:Geselshoekie; 13:59 +2 364 Suidpunt →Is Goodreads.com 'n geldige bron?: nuwe afdeling Etiket: PHP7
<urn:uuid:2d73f300-4f3f-4982-8c03-917a1dca170c>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:OnlangseVeranderingsMetSkakels/Gebruikerbespreking:WikiBayer
2019-07-23T23:21:33Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529737.79/warc/CC-MAIN-20190723215340-20190724001340-00165.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.912984
false
Kelvin Die kelvin (simbool: K) is die SI-eenheid van temperatuur en is een van die sewe SI-basiseenhede. Dit word gedefinieer as 'n 1/273,16 fraksie van die termodinamiese temperatuur van die trippelpunt van water. 'n Temperatuur wat in kelvin sonder enige voorbehoud aangedui word, word gemeet ten opsigte van absolute nul waar die molekulêre beweging ophou. Dit is ook algemene praktyk om 'n temperatuur relatief tot 'n verwysingstemperatuur van 273,15 K aan te dui, wat ongeveer ooreenstem met die smeltpunt van water onder normale toestande; hierdie konvensie is die Celsius-temperatuurskaal. Die kelvin is vernoem na die Britse fisikus en ingenieur William Thomson, wat later na hy tot die adelstand verhef is, as Lord Kelvin bekend gestaan het. Inhoud Tipografiese konvensies[wysig | wysig bron] Die woord kelvin as 'n SI-eenheid word met 'n kleinletter k geskryf (tensy dit aan die begin van 'n sin voorkom), en word anders as Fahrenheit of Celsius nooit voorafgegaan deur die woorde graad, grade of die simbool ° nie. Die simbool vir kelvin is altyd die hoofletter K en word nooit in skuinsskrif gedruk nie. Daar moet 'n spasie tussen die getal en die K kom soos met alle SI-eenhede. Unicode sluit die "kelvin-teken" onder die kode U+212A in (in die huidige skrif vertoon dit so: K teenoor die gewone alfabetletter: K). Die kelvin-teken behoort bietjie langer te wees as die gewone K. Dit is egter moontlik dat die karakter nie op alle rekenaars beskikbaar is nie. Dit is dus beter om 'n gewone K tebruik ter wille van leesbaarheid vir die grootste gehoor. Omskakelingsfaktore[wysig | wysig bron] Omskakeling van | na | Formule | ---|---|---| kelvin | grade Celsius | °C = K – 273,15 | grade Celsius | kelvin | K = °C + 273,15 | kelvin | grade Fahrenheit | °F = K × 1,8 − 459,67 | grade Fahrenheit | kelvin | K = (°F + 459,67) / 1,8 | Neem kennis dat vir temperatuurintervalle eerder as temperatuurlesings, 1 K = 1 °C en 1 K = 1,8 °F Addisionele omskakelingsformules Omskakelingsprogram vir temperatuureenhede | Kelvin en Celsius[wysig | wysig bron] Die Celsius temperatuurskaal word nou gedefinieer in terme van die kelvin, met 0 °C wat ooreenstem met 273,15 kelvin. - kelvin na grade Celsius Temperatuur en energie[wysig | wysig bron] Die energie wat deur partikels in 'n termodinamiese stelsel gedra word is eweredig aan die absolute temperatuur, waar die eweredigheidskonstante die Konstante van Boltzmann is. Dit is gevolglik moontlik om die energie van partikels by 'n sekere temperatuur te bereken of om andersom die temperatuur van partikels met 'n sekere energie te bepaal. - elektronvolt na kelvin - kelvin na elektronvolt Sien ook[wysig | wysig bron] - ITS-90 Internasionale temperatuurskaal
<urn:uuid:de7f3814-5061-46ef-8cac-6c56b86a128f>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kelvin
2019-07-17T15:28:19Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525312.3/warc/CC-MAIN-20190717141631-20190717163631-00509.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999917
false
Hulp Kategorie:Musiek van die Verenigde Koninkryk in Wikipedia, die vrye ensiklopedie Jump to navigation Jump to search Musiek volgens lande Kultuur in die Verenigde Koninkryk } → Musiek van die Verenigde Koninkryk Subkategorieë Hierdie kategorie bevat die volgende 4 subkategorië, uit 'n totaal van 4. ► Musiek van Engeland (3 K, 1 B) ► Musiek van Skotland (2 K) M ► Britse musici (5 K, 21 B) ► Britse musiekgroepe (2 K, 5 B) Ontsluit van " https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Kategorie:Musiek_van_die_Verenigde_Koninkryk&oldid=1785543 " Kategorieë : Kultuur in die Verenigde Koninkryk Musiek volgens lande Navigasie-keuseskerm Persoonlike gereedskap Nie ingeteken nie Bespreking Bydraes Skep gebruiker Meld aan Naamruimtes Kategorie Bespreking Variante Weergawes Lees Wysig Wysig bron Wys geskiedenis Meer Soek Navigasie Tuisblad Gebruikersportaal Geselshoekie Onlangse wysigings Lukrake bladsy Hulp Sandput Skenkings Ander projekte Wikimedia Commons Druk/eksporteer Skep boek Laai af as PDF Drukbare weergawe Gereedskap Skakels hierheen Verwante veranderings Spesiale bladsye Permanente skakel Bladinligting Wikidata-item Ander tale Aragonés العربية Asturianu Azərbaycanca Башҡортса Boarisch Беларуская Беларуская (тарашкевіца) Български Brezhoneg Bosanski Нохчийн کوردی Čeština Cymraeg Dansk Deutsch Ελληνικά English Esperanto Español Eesti Euskara Estremeñu فارسی Suomi Võro Français Galego עברית Hrvatski Հայերեն Interlingua Bahasa Indonesia Italiano 日本語 ქართული 한국어 Lëtzebuergesch Latviešu Македонски Монгол Nederlands Norsk nynorsk Norsk Occitan Polski Piemontèis Português Runa Simi Română Русский Scots Davvisámegiella Srpskohrvatski / српскохрватски Simple English Slovenčina Slovenščina Српски / srpski Svenska ไทย Tagalog Türkçe Українська اردو Tiếng Việt მარგალური 中文 文言 粵語 Wysig skakels Die bladsy is laas op 7 September 2018 om 13:30 bygewerk. Die teks is beskikbaar onder die lisensie Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel . Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die Algemene Voorwaardes vir meer inligting. Privaatheidsbeleid Inligting oor Wikipedia Vrywaring Ontwikkelaars Koekieverklaring Selfoonweergawe
<urn:uuid:a9f9a451-2a72-4d85-8788-a5b8edc3347a>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Musiek_van_die_Verenigde_Koninkryk
2019-07-18T22:14:48Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525829.33/warc/CC-MAIN-20190718211312-20190718233312-00109.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.993544
false
Kategorie:Vermaaklikheidsbedryf Jump to navigation Jump to search Subkategorieë Hierdie kategorie bevat die volgende 3 subkategorië, uit 'n totaal van 3. Hierdie kategorie bevat die volgende 3 subkategorië, uit 'n totaal van 3.
<urn:uuid:619b625e-cbed-4726-b947-9e5f2ec431db>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Vermaaklikheidsbedryf
2019-07-18T22:22:20Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525829.33/warc/CC-MAIN-20190718211312-20190718233312-00109.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.997273
false
Nag-Hammadi-geskrifte Artikel uit die reeks oor Gnostisisme | | Die Nag-Hammadi-geskrifte, wat ook as Nag-Hammadi-biblioteek bekend staan, is 'n versameling vroeg-Christelike tekste met 'n sterk Gnostiese inslag wat in Desember 1945 naby die Egiptiese dorp Nag Hammadi deur plaaslike boere ontdek is. Die meeste van hierdie geskrifte, waaronder die Evangelie van Tomas, was voorheen onbekend of slegs in fragmente bewaar. Ontdekking[wysig | wysig bron] In Desember 1945 het sommige Egiptiese boere aan die voet van die Jabal-al-Tarif-rotshelling sowat elf kilometer noordoos van Nag Hammadi op soek na mis vir hulle velde. Hier het hulle op 'n geheimsinnige vonds afgekom – onder 'n rots het hulle 'n kruik met 'n hoogte van sowat een meter ontdek. Hulle het die kruik in stukke geslaan in die hoop om daarin goud te vind. Die kruik het egter dertien kodekse bevat wat in leer gebind was, waarvan twaalf uiteindelik bewaar gebly het. Een teks, die kodeks XIII, het oorspronklik deel uitgemaak van kodeks VI, maar het verlore gegaan. Ongelukkig is kodeks XII grotendeels gebruik om die ander tekste saam te snoer. Die boere het hulle vonds as waardeloos geag en aan 'n Koptiese priester gegee, en sy swaer het die vonds in Kaïro aan die aarts George Sobhi getoon. Die tekste is vir sowat 300 Egiptiese pond aan die staat verkoop en op 4 Oktober 1946 aan die Koptiese Museum oorhandig. Omvang en herkoms[wysig | wysig bron] Die vonds bestaan uit dertien papirus-kodekse wat in leer gebind is en 'n versameling van 47 verskillende tekste bevat. Van sommige tekste is meer as een eksemplaar gevind sodat daar in totaal 53 tekste ontdek is. Die manuskripte dateer uit die 3de en 4de eeu, alhoewel die tekste self vermoedelik reeds in die 1ste of 2de eeu ontstaan het. Die tekste is in Kopties geskryf, maar daar word aangeneem dat hulle vanuit Grieks vertaal is. Dit is tans nie bekend nie wie die tekste versamel het nie. Hulle verteenwoordig moontlik die biblioteek van 'n onbekende Gnostiese gemeenskap. Aangesien die tekste naby 'n Pagomiaanse klooster gevind is en hulle in materiaal gebind is wat gedeeltelik uit briewe en kwitansies van Pagomiaanse monnike bestaan, word daar nou ook vermoed dat die geskrifte vroeër deel van die klooster se biblioteek uitgemaak het. Dit is nie duidelik of die tekste as 'n soort inligtingsbron vir die stryd teen Gnostiese ketters saamgestel is of as gevolg van die 39ste Paasfeesbrief van Athanisius as ketterse geskrifte uit die kloosterbiblioteek verban is. Inhoud en betekenis[wysig | wysig bron] Die geskrifte, wat gedeeltelik ernstig beskadig is, is ná hulle rekonstruksie as enkeltekste gepubliseer. Die eerste uitgawes is deur Martin Krause en Pahor Lahib en deur Johannes Leipoldt en Hans-Martin Schenke. Eers sedert 1977 is die Nag-Hammadi-geskrifte danksy 'n Engelse vertaling aan 'n breë publiek bekend gestel. Nag Hammadi is nou naas Qumran die belangrikste vonds vir navorsing in verband met die vroeë Christendom en die Gnostisisme. Die geskrifte het hulle oorsprong in verskillende rigtings van die Gnosis en verteenwoordig naas Valentiniaanse ook tekste wat by die Sethiaanse Gnosis gereken word. Daarnaas sluit die versameling ook tekste wat onder 'n suiwer Christelike invloed geskryf is. Die Christelike rigting het homself as die juiste interpretasie van die Christendom beskou en sodoende die teologiese spekulasie binne die kerk sterk bevorder. Ander tekste is hermeties van aard of bevat wyshede, terwyl ander hoegenaamd nie in verband met die Gnosis staan nie soos byvoorbeeld 'n fragment van Plato se werk oor die staat.
<urn:uuid:5ab6fab1-83f1-4390-9d6b-fd1a850f1a92>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Nag-Hammadi-geskrifte
2019-07-18T21:39:48Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525829.33/warc/CC-MAIN-20190718211312-20190718233312-00109.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
1.000005
false
Bespreking:1563 Jump to navigation Jump to search Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die 1563-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. | Artikelriglyne Daaglikse bladtrekke | |
<urn:uuid:9ac2f5d8-44aa-44a4-a53e-2cd9e1ad7f5c>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:1563
2019-07-21T09:00:37Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526940.0/warc/CC-MAIN-20190721082354-20190721104354-00429.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.999996
false
Dahlem Dahlem | | Die moltreinstasie Dahlem-Dorf | | Ligging in Berlyn | | Koördinate: Koördinate: | | Land | Duitsland | ---|---| Deelstaat | Berlyn | Distrik | Steglitz-Zehlendorf | Stigting | Tussen 1200 en 1220 | Oppervlak | | - Stadsdeel | 8,39 km² (3,2 vk m) | Hoogte | 52 m (171 vt) | Bevolking (31 Desember 2014) | | - Stadsdeel | 15 973 | - Digtheid | 1 904/km² (4 931,3/myl2) | Tydsone | MET (UTC+1:00) | - Somer (DST) | MEST (UTC+2:00) | Poskode | 14169, 14195 | Skakelkode(s) | 030 | Dahlem is 'n stadsdeel in die administratiewe distrik Steglitz-Zehlendorf van Berlyn. Dahlem is een van die welvarendste woongebiede in die Duitse hoofstad en het sy oorsprong in 'n middeleeuse dorp wat in die vroeë 13de eeu gestig is. Die huidige residensiële voorstad is in die suidweste van Berlyn geleë, tussen die stadsdele Zehlendorf en Steglitz, Lichterfelde-West en die bosgebied Forst Grunewald. Die stadsbeeld van Dahlem word deur 'n groot aantal villa's, parke en tuine oorheers. In die laat 19de en vroeë 20ste eeu is Dahlem met die vestiging van tersiêre instellings en musea stelselmatig tot 'n soort "Duitse Oxford" ontwikkel. Die stadsdeel huisves vandag steeds 'n verskeidenheid wetenskaplike en akademiese instellings, waaronder die Freie Universität Berlin, een van die grootstes in Duitsland, en 'n museumkompleks wat deur die stigting Staatliche Museen zu Berlin bestuur word en een van die beduidendste etnologiese versamelings ter wêreld huisves.
<urn:uuid:f669eb4c-893a-4a24-8386-500b2d415378>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Dahlem
2019-07-21T09:05:58Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526940.0/warc/CC-MAIN-20190721082354-20190721104354-00429.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
0.99865
false
Karl Kielblock Karl Kielblock | | Gebore | 23 Oktober 1907 Beaufort-Wes | ---|---| Oorlede | 26 November 1991 Strand | Nasionaliteit | Suid-Afrika | Beroep | Skrywer, onderwyser | Bekend vir | Jeugliteratuur | Eerbewyse | Scheepersprys vir Jeugliteratuur | Huweliksmaat | Mej. Vera Abel | Kind(ers) | 2 | Karl Kielblock (* 23 Oktober 1907, Beaufort-Wes - † 26 November 1991, Strand[1]) was 'n Afrikaanse skrywer van ontspanningslektuur. Hy skryf jeug- sowel as volwassefiksie. Verskeie van sy werke speel af teen 'n historiese agtergrond, hy lewer ook 'n beduidende bydrae tot die moord- en speurverhaal genre in Afrikaans.[2] Deur die loop van sy loopbaan verskyn daar meer as 40 boeke uit sy pen.[3] Inhoud - 1 Lewe en werk - 2 Skryfwerk - 3 Eerbewyse - 4 Publikasies - 5 Sien ook - 6 Bronnelys Lewe en werk[wysig | wysig bron] Karl August Kielblock is op 23 Oktober 1907 op Beaufort-Wes gebore as die naasjongste van elf kinders. Sy vader, ’n ingenieur by die poskantoor, is Herman Frederick Kielblock en sy moeder is Karoline Luïse, gebore Artz.[3] Sy ouers praat meestal Duits maar ook Engels by die huis. In 1914 is sy vader oorlede, toe hy slegs sewe jaar oud is, waarna sy moeder alleen na die groot gesin moes omsien. Hy ondergaan sy skoolopleiding op sy geboortedorp en matrikuleer in 1925 aan die Beaufort-Wes Boys High School. Met ’n lening studeer hy aan die Paarlse Onderwyskollege en bekwaam hom in 1927 as laerskoolonderwyser. Hy begin sy loopbaan as onderwyser in 1928 aan die Laerskool Hendrik Louw in die Strand in die Wes-Kaap en hou hier skool tot met sy aftrede as onderhoof aan die einde van 1967. Daar is slegs ’n onderbreking van ses maande, wanneer daar weens die groot leerlingtal by Hendrik Louw besluit word om af te stig en die Laerskool Lochnerhof in Julie 1956 tot stand kom. Vanaf Julie tot Desember 1956 neem hy dan waar as hoof aan hierdie skool.[3] Sy liefde vir skryf veroorsaak dat hy verskeie hoofskappe van die hand wys om sodoende genoeg tyd te hê om hom op sy skryfwerk toe te lê. Hy is ’n ywerige sportman en speel tennis, rugby, krieket, sokker en gholf. Vir jare is hy voorsitter van die Strand Tennisklub en word later lewenslange lid, terwyl hy ook by talle geleenthede die Bolandse Tenniskampioenskap in die Strand reël.[3] Verder is hy die laaste voorsitter van die ou Munisipale Biblioteek voordat dit deur die Provinsiale Biblioteek vervang is. Na sy aftrede in 1967 wy hy hom voltyds aan sy skryfwerk. In die Strand raak hy bevriend met Mikro, wat hom aanspoor om te skryf en ’n groot invloed op sy vorming as skrywer uitoefen.[3] Skryfwerk[wysig | wysig bron] Aanvanklik publiseer hy ’n aantal versies en kortverhale in tydskrifte. Hy spits hom later toe op die skryf van ontspanningsverhale wat deur sowel oud as jonk gelees kan word en eindelik word meer as veertig van sy boeke gepubliseer. Sy skryfloopbaan begin in alle erns wanneer hy sy leerlinge aanspreek oor hulle verbeeldinglose opstelle. Hulle vra hom toe hoe dit dan gedoen moet word en hy skryf paragrawe op die swartbord oor ’n pistoolskoot wat hulle hoor terwyl hulle op die strand speel. Hulle hardloop oor die sandduine om te kyk wat aangaan en hy beveel hulle om verder te skryf. Hy sou ook sy eie weergawe skryf. Die klas soebat hom toe om die “opstel” te voltooi en Die skat van Java, sy eerste boek, is die resultaat. Dit is ’n seerowerverhaal wat twee kere in gedramatiseerde vorm deur die SAUK se radiodiens uitgesaai is. Die legendariese skat van Java is aangedui op ’n skatkaart, maar die twee helftes is in die besit van twee manne wat aartsvyande van mekaar is en nie met mekaar wil saamwerk nie. Die gepaardgaande intriges soos die partye probeer om met lis die ander te uitoorlê sorg vir volop spanning en ’n vaartbelynde verhaal. Ongelukkig is die taal en styl van hierdie verhaal nog onbeholpe. Gideon Roos verwerk die boek vir die radio en dit word in 1938 uitgesaai. Die radioverwerkings is so gewild onder die jeug dat daar in Die Jongspan daaroor berig word, waarna hy die verhaal verwerk met ’n jong seun as held, wat in 1964 uitgegee word as Die verlore skat. Sy geskiedkundige en tegniese navorsing is altyd baie deeglik, sodat sy seeterme agter in hierdie boek die eerste keer is dat so iets in Afrikaans verskyn. Hy besoek ook die areas waar sy verhale afspeel voor die tyd. Soos Die skat van Java is baie van hierdie boeke spanningsverhale. Spanningsverhale[wysig | wysig bron] Skuil in die skaduwees is ’n moderne spioenasieverhaal, waar luitenant Arné Herholdt van die Veiligheidspolisie ’n man agtervolg wat per valskerm in Suid-Afrika neergelaat word om ’n waardevolle pakkie in Kimberley te besorg. Eben Lingar oorleef in Die Raaisel in die spieël ’n helikopterongeluk waarin sy neef Dirk sterf en sy gesig deur die vlamme vermink word. In die hospitaal word Eben vir Dirk aangesien en dit pas hom, want hy word verkeerdelik van die moord op sy oom verdink. Eben ondergaan plastiese snykunde en na sy ontslag word hy as Dirk ingetrek in ’n organisasie wat die landsveiligheid bedreig. Hy verkoop inligting oor eksperimentele wapentuig aan Shirley Groschke se ouers se ryk vriende wat hulle in staat sal stel om meer geld op die aandelebeurs te maak. Hulle is egter landsvyande en die Veiligheidspolisie kom op Eben se spoor. Die erfenis vertel van ’n man wat diamante as erfenis ontvang, maar dan in allerhande intriges betrokke raak. Ross Burkard se vrou Marguerite verklaar onverwags dat sy hom gaan verlaat en sterf dan kort daarna in ’n raaiselagtige motorongeluk. Sy laat vir hom ’n unieke versameling diamante as erfenis na en hy het geen idee waar sy daaraan gekom het nie. In sy soektog na die waarheid ontmoet hy die weduwee Naomi Rykse, wat deur onbekendes geterroriseer word om haar grond in die hande te kry en haar kind ontvoer. Blykbaar weet hierdie terroriste ook van Marguerite en haar diamante.[7] Liefdesverhale[wysig | wysig bron] Sonia Clercq is ’n grappige liefdesverhaal met geestige situasies en gevatte dialoog. Sonia erf die plaas Verlatenheid van haar oom Jaap nadat sy haar verlowing met Giel Suter verbreek het. Haar familie raai haar af om in hierdie wilde wêreld te probeer oorleef, want Verlatenheid het sy naam verdien. Sy steur haar egter nie aan die waarskuwings nie. Uit die staanspoor lyk dit of alles teen haar is en gou bots sy met haar buurman, Joël Dancker. Rivier van drome is ’n liefdesverhaal wat afspeel teen die agtergrond van die delwerye aan die oewers van die Vaalrivier. Lidia Lessiter daag vrou alleen op in hierdie ruwe manswêreld op soek na haar man Charl. Sy moes hulle plaas in die Oostelike Provinsie afgee aan skuldeisers en hulle enigste kind is dood aan ontbering. Charl is egter ’n swakkeling en ook hier op die delwerye staan Lidia effektief alleen. In hierdie omstandighede wonder sy of sy steeds getrou moet wees aan haar man, veral noudat ’n nuwe liefde op die horison verskyn. Werke teen 'n historiese agtergrond[wysig | wysig bron] Verskeie van sy werke word teen ’n historiese agtergrond geplaas. Lodewyk Alleman se soektog speel af in die geskiedenis van Suidwes-Afrika (nou Namibië), in die tydperk nadat die kleurlingstamme in die omgewing van die Oranjerivier die rivier oorgesteek het, die Namastamme oorrompel het en al verder noordwaarts getrek het totdat hulle met die Herero-nasie gebots het. Lodewyk Alleman is ’n kleurlingseun wat in die barre suidelike geweste van hierdie land die skynbaar onmoontlike aandurf. Nadat hul jaggeselskap uitgemoor word deur ’n gewetenlose Nama-rowerbende, besef hy dat hulle sy vader se lewe gespaar het omdat hy as smid vir hulle baie nuttig is. Lodewyk onderneem om hom te gaan red. Op pad kry hy onverwagse hulp van die meisie, Eva Jonker, en haar geleerde ou donkie, ou Valetjie. Hy ontmoet ook vir Hendrik Witbooi, met sy strewe om ’n onafhanklike nasie te stig. Rebel handel oor ’n Kaapse rebel ten tye van die Anglo-Boereoorlog en word in 1970 met die Scheepersprys vir Jeuglektuur bekroon. Gustaf Lubeck sluit by generaal Manie Maritz en sy manne aan en hulle behaal groot sukses. Gustaf het sy oog op ’n mooi nooi, maar haar ouers het ander politieke sienswyses as hy. Die swaard verteer het ’n Bybelse agtergrond, met Joab, die leërowerste van Dawid en ’n groot nasionale stryder vir die eenheid en vryheid van sy volk, se lewensgeskiedenis as tema. Die eerste deel van die verhaal is denkbeeldig en beskryf hoe Joab aansluit by koning Saul se leër en saam met Jonatan veg om die Filistyne uit Israel te verdryf. Hy gaan dan na Gat om sy vader Kaleb, ’n wapensmid, te bevry en word gewond. Ná baie wedervaringe beland hy in Egipte en keer terug om sy volk te verenig en van sy vyande te verlos. Dan volg die geskiedenis van Joab soos dit in die Bybel opgeteken is. Kielblock gee in die boek ’n duidelike beeld van die lewenswyse en gewoontes van die tyd, in Egipte en ou Israel. Daar het ’n ster verskyn is ’n roman met die Bybelse tema van die wyse manne wat uit die ooste getrek het om die krip in Bethlehem te besoek. Ninda en Isar is twee kinders wat na die verwoesting van hulle dorpie die woestyn tussen Babilon en Damaskus invaar om hulle vader te vind. Hy is een van die kameeldrywers van die wyse manne. Die helder stad se agtergrond is die Kinderkruistog aan die begin van die dertiende eeu. Die hoofkarakter is ’n jong seun uit die suide van Nederland, Erwin, wat by die Kinderkruistog aansluit op soek na sy pleegsuster Uta. Die Kinderkruistog se deelnemers kom uit die hele Europa en is op pad om die Heilige Land uit die hande van die Turke te gaan bevry. Verder put hy baie materiaal uit die tyd van die Hollandse besetting van die Kaap. In Die vreemdeling vertel die baasspelerige Abraham Lauffeld vir Jeanne de la Nois dat sy met niemand anders as hy sal trou nie. Sy verafsku hom, veral oor die wyse waarop hy sy teenstanders in tweegevegte om die lewe gebring het, maar weet nie hoe sy hom kan teëgaan nie. Haar broer en voog was volkome in sy mag, terwyl die ander mans aan die Kaap wat haar miskien sou wou help, bang was vir sy invloedryke vriende in die Kompanjie en sy dodelike behendigheid met die swaard. Toe daag die vreemdeling Jan Egmont asof uit die bloute op De Bos op. Soos water op die grond vertel van die tydperk 1791–1795 en die Slag van Muizenberg waarmee die Engelse beheer oor die Kaap geneem het. Na die Franse Revolusie het die skynvoorspoed aan die Kaap in duie gestort en die burgers besef dat bankrotskap hulle in die gesig staar. In hierdie vroeë roman spreek Kielblock reeds verligte menings oor die rassekwessie uit en word die kleurlinge in ’n positiewe lig gestel. Petrus ten Rhyn neem deel aan die woelinge wat in hierdie jare in die land voorkom en hy het ’n ogie op die mooi Isabeau Bosch. Adriaan Deneys is ’n geskiedkundig-romantiese verhaal uit die tyd van goewerneur Ryk Tulbagh. Kaptein Deneys moet die geheim van die gestrande skepe oplos. Intussen maak sy verhouding met die mooi ryk nooi Priscilla Reynders nie werklik vordering nie, want daar blyk onoorkomelike struikelblokke te wees. Twintig Hollandse weesmeisies word in Nooi uit die vreemde na die Kaap gestuur om met onbekende Kompanjie-dienaars te trou. Anna van’t Rode is nie die mooiste onder hulle nie, maar haar sterk persoonlikheid en regverdigheidsin laat Pieter Barentz in haar belangstel. Anna wil egter hê dat Pieter gestraf moet word vir sy onverantwoordelike optrede teenoor die onbekende barones Gerda van Mecklenhof. In Die lafaard is die bevelvoerder in Holland bekommerd oor die seerowerskepe wat die waters van die Indiese Oseaan naby die Kaap bedreig. Hulle stuur ’n vlootskip, die Cerberus, om ondersoek in te stel en die seerowers uit te delg. Die skip begin sink naby Madagaskar en die bevelvoerder, André Arnaux, en vier van sy bemanning slaag daarin om ’n vlot aanmekaar te timmer en die vlot dryf na Madagaskar, waar die seerowers skuilhou. Vaandrig Freyn het vele wedervaringe in die Kaap, in die dae toe tweegevegte nog met die swaard beslis is. Jasper le Feuvre-reeks[wysig | wysig bron] Die boeke oor Jasper le Feuvre en Guillam Woudberg gaan ook oor die vroeë Kaapse tydperk en die Jasper le Feuvre-reeks word vir televisie verfilm. Jasper le Feuvre is ’n ryk jongman en word deur Franse seerowers ontvoer. Die seerowers val ’n Hollandse skip aan en in die geharwar wat op hierdie geveg volg, laat ’n sterwende moeder haar baba-dogter in sy sorg. Jasper beland saam met die Hollandse kaptein, drie matrose en die baba dogtertjie op ’n reddingsboot. In die negentien dae wat die boot op die see ronddryf probeer Jasper alles in sy vermoë om die siek dogtertjie se lewe te red. Eindelik spoel hulle op die Afrika-kus uit en na vele ervaringe vind hy sy pad terug na die Kaap. Jasper is vasbeslote om wraak te neem op wie ook al vir sy ervarings verantwoordelik was, maar moet eers uitvind wie dit was. Intussen het die klein dogtertjie, Arline, groot geword en is sy verlief op die held wat haar lewe gered het. Hierdie verhaal word vir televisie verwerk en is in 1984 gebeeldsend. Guillam Woudberg-reeks[wysig | wysig bron] Guillam Woudberg is ook vir televisie verfilm en in 1987 gebeeldsend. Die verhaal speel hom af aan die einde van die agtiende eeu tydens die kortstondige Republiek van Graaff-Reinet. Guillam Woudberg is ’n grensbewoner wat skielik hoor dat hy twee spogplase in die Boland geërf het. Die voorwaarde van die erflating is dat hy self op die plase moet woon, wat hy omseil deur ’n geriefshuwelik met ’n Bolandse meisie, Suzette Davel, te sluit. Hierdie stap en die spanning tussen die Engelse heersers en rebelle sorg vir baie aksie en ’n paar misverstande. Die verhaal word in ’n verkorte weergawe heruitgegee as Guillam Woudberg keer terug. Lafras Cuyper-reeks[wysig | wysig bron] Die Lafras Cuyper-reeks speel ook af in die tyd van die vroeë Kaapse geskiedenis, met die sestienjarige Lafras Cuyper wat hom in Lafras Cuyper kanonnier vanuit die Kaap op ’n skip versteek en ’n nuwe lewe begin, dié van seeman. Sy ouers het gesterf in die pokke-epidemie van 1796 en daarna ook sy voog. Hy beraam dan die plan om te ontsnap van sy sluwe tante en wrede neef. Op see word hy ’n uitstekende kanonnier en die held van meer as een seeslag.[8] In Luitenant Lafras Cuyper word hy binne twee jaar bevorder tot luitenant op die kaperskip Jeanette. Sy sukses besorg hom twee gedugte vyande, naamlik die kaperkaptein La Goffe en die Engelse fregat Orpheus. Toe Lafras uitseil na die eiland waar ’n skat begrawe lê, volg hierdie twee skepe hom. Lafras word vasgekeer en moet veg om die skat te behou. Lafras Cuyper en die Hirondelle verhaal sy avonture wanneer hy tydens die Napoleontiese Oorloë gevra word om ’n Franse gesant na Indië te neem aan boord van sy korvet, die Hirondelle. Lafras Cuyper in die Britse lokval vertel hoe die Engelse bevelvoerders in Indië die kaperkaptein Lafras Cuyper vrees en besluit om drie skepe te stuur om hom gevange te neem. Die Hirondelle is egter die vinnigste korvet in die Indiese Oseaan en Lafras Cuyper kan ’n situasie vinnig opsom en daarop reageer. Napoleon versoek Lafras in Lafras Cuyper in Frankryk om die bemanning van ’n Franse fregat wat deur die Engelse vasgekeer word op ’n eilandjie digby die Franse kus te ontset, ’n taak waarin hy self nie sukses kon behaal nie. In Lafras Cuyper in Venesië moet Lafras na die eiland Rhodos om te onderhandel oor drie Franse offisiere wat daar as gyselaars aangehou word. Sy hart is egter in Venesië, waar die skone Justina op hom wag. Misdaad en speurverhale[wysig | wysig bron] Kielblock is ook ’n baanbreker op die gebied van die misdaad- en speurverhaal, waar hy talle boeke skryf oor die speurder Frans Lindenhof, soos Moord op Eendevlei, Moord op Kroonbaai, Moord in Arcadia, Moord op Allesverloren, Moord op Geitjieskop, Onder die stil waters, Onrus op Rusdal, Mooier as die blomme, Die skaam man en Die vete. Moord op Eendevlei word ook vir uitsending op televisie verfilm en is so gewild dat dit heruitgesaai word. Alwyn Jansen is bang vir vroumense, maar terwyl hy alleen op die strand is vra ’n mooi meisie hom om te maak asof hulle ou bekendes is. Hy speel saam, maar word later met ’n rewolwer gedreig en die meisie verdwyn skielik spoorloos. Frans Lindenhof ondersoek die saak. In Moord op Kroonbaai gaan woon Sirke Ludeke op Kroonbaai nadat hy vermink is in ’n motorongeluk en verstoot is deur sy verloofde. Sy begeerte om ’n kluisenaarslewe te voer verdwyn wanneer hy afkom op die lyk van ’n pas vermoorde man. Frans Lindenhof pas die brokstukke van die lyk, die koms van Anna Storm na die dorp, die geheimsinnige Flecks en die Duitse duikbote aan die kus vindingryk aan mekaar. Iemand probeer om Tos Ruyters in Onder die stil waters in die stil rivierwaters van Toringheuwel te verdrink. Tos het pas teruggekeer uit die Ooste en hom weer gevestig op sy geboortedorp, Toringheuwel. Daar is egter ’n valse storie in die koerant dat hy in Asië ’n harem aangehou het en die dorpenaars vermy hom soos die pes. Dit bied die geleentheid vir ’n bende skurke om hom te terroriseer, maar hy kan nie uitvind waarom nie, behalwe dat dit duidelik is dat groot geld op die spel is. Frans Lindenhof sal moet uitvind wat werklik aan die gang is. Moord op Geitjieskop vertel van Eberhard Woltheim wat onverwags ’n fortuin erf. Dit lei tot afguns, haat en nyd en selfs twee aanslae op sy lewe. Wanneer daar wel ’n moord gepleeg word, ondersoek Frans Lindenhof die saak. In Onrus op Rusdal vind hulle Johannes Volk se lyk by die grotte, nadat hy glo by Vlooibaai in die see geval het. Dit is egter onwaarskynlik dat sy lyk wind op sou dryf na die grotte toe en daar is verskeie ander tekens dat sy dood nie ’n blote ongeluk is nie. Mooier as die blomme speel af in Namakwaland se blomtyd in die lente, maar daar is iets anders in hierdie streek wat groter belangstelling gaande maak, naamlik diamante. Die skilder Joachem Verbeek besoek die streek om te skilder, maar wanneer boewe se pakkie diamante wegraak, verdink die boewe hom. Frans Lindenhof probeer agter die kap van die byl kom. In Die skaam man gaan hou die skaam Matthys Deurman, ’n vriend van Frans Lindenhof, vakansie op ’n Karoodorp. Hier ontmoet hy ’n jong vrou wat ’n stryd voer teen ’n rampokkerbende en hy word teësinnig by die intrige ingesleep. In ’n poging van die vrou om ’n familielid uit die bende se greep te red, raak sy by gevaarlike dinge betrokke. Hierdie verhaal is in 1979 vir die televisie verwerk. Pierre Rahberg gaan in Die vete vir die eerste keer in sy lewe na sy oupa se plaas Rooivlei en bevind hom onmiddellik in die middel van ’n ou familievete. Vir meer as vyftig jaar haat die Boetsemas en die Rahbergs mekaar en daar het al snaakse dinge gebeur. Op die oomblik is die twisappel die dam wat die Rahbergs van plan is om in die rivier tussen die twee plase te bou. Pierre wil nie graag in die ongure twis betrokke raak nie, maar sy afgeleefde oupa maak staat op hom. Hy moet sorg dat die damwal opgerig word, anders gaan die Rahbergs se boerdery op Rooivlei weens gebrek aan water tot niet. Reeds die eerste dag moet Pierre vir geweerkoeëls koes en daarna tref een ramp na die ander die Rahbergs. As speurder Frans Lindenhof nie ’n handjie kom bysit nie, word die damwal dalk letterlik oor Pierre se dooie liggaam gebou. \ Eerbewyse[wysig | wysig bron] In die Strand en ook in Bloemfontein word strate na Karl Kielblock vernoem. Publikasies[wysig | wysig bron] Jaar | Naam van publikasie | ---|---| 1936 | Die skat van Java | 1938 | Die vreemdeling | 1942 | Jasper le Feuvre | 1943 | Moord op Eendevlei | 1944 | Soos water op die grond | Die avonture van kaptein Elias Sonnenschein | | Die avontuur van die goue beeld | | Die avontuur van die goewerneur se dogter | | Moord in Arcadia | | 1945 | Guillam Woudberg | Moord op Kroonbaai | | 1947 | Adriaan Deneys | 1948 | Die wraak van Jasper le Feuvre | Moord op Allesverloren | | 1950 | Moord op Geitjieskop | Die swaard verteer | | 1951 | Ek, die moordenaar | 1955 | Nooi uit die vreemde | 1959 | Die skaam man | 1960 | Sonia Clercq | 1961 | Mooier as die blomme | 1962 | Rivier van drome | Die vete | | 1963 | Onrus op Rusdal | 1964 | Lafras Cuyper kanonnier | Onder die stil waters | | Die verlore skat | | 1965 | Guillam Woudberg keer terug | Luitenant Lafras Cuyper | | Skuil in die skaduwees | | 1966 | Vaandrig Freyn | 1968 | Lafras Cuyper en die Hirondelle | Die lafaard | | 1969 | Rebel | 1970 | Die raaisel in die spieël | 1971 | Lodewyk Alleman se soektog | 1972 | Weerlig slaan twee maal | 1973 | Lafras Cuyper in die Britse lokval | 1974 | Die helder stad | 1975 | Lafras Cuyper in Frankryk | 1977 | Lafras Cuyper in Venesië | Verhale uit Herodotos | | 1979 | Lafras Cuyper en die gravin | 1982 | Die erfenis | 1984 | Daar het ’n ster verskyn | Sien ook[wysig | wysig bron] Bronnelys[wysig | wysig bron] Boeke[wysig | wysig bron] - Beukes, W.D. (red.) Boekewêreld: Die Nasionale Pers in die uitgewersbedryf tot 1990. Nasionale Boekhandel Bpk. Kaapstad Eerste uitgawe eerste druk 1992 - Grové, A.P. Letterkundige sakwoordeboek vir Afrikaans. Nasou Beperk Vyfde uitgawe Eerste druk1988 - Kannemeyer, J.C. Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 1. Academica, Pretoria en Kaapstad Tweede druk 1984 - Kannemeyer, J.C. Die Afrikaanse literatuur 1652–2004. Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe 2005 - Nienaber, P.J. Hier is ons skrywers! Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Eerste uitgawe 1949 - Nienaber, P.J.; Senekal, J.H en Bothma, T.C. Mylpale in die geskiedenis van die Afrikaanse letterkunde. Afrikaanse Pers-Boekhandel Tweede hersiene uitgawe 1963 - Schoonees, P.C. Die prosa van die tweede Afrikaanse beweging. J.H. de Bussy, Pretoria / Hollandsch-Afrikaansche Uitgevers Maatschappij v/h J. Dusseau & Co, Kaapstad 1939 (derde druk) - Van Biljon, Madeleine. Geliefde leesgoed. Quellerie-Uitgewers Edms. Bpk. Kaapstad Eerste uitgawe 1996 - Van Coller, H.P. (red.) Perspektief en Profiel Deel I. J.L. van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 1998 - Wybenga, Gretel en Snyman, Maritha (reds.) Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom. Lapa-Uitgewers Eerste uitgawe Tweede druk 2005 Tydskrifte en koerante[wysig | wysig bron] - Albrecht, Sybelle. Menige tot ridderlikheid aangespoor. Die Vaderland, 7 Junie 1984 - Davis, Heloïse. Aan Kielblock is daar geen einde nie. Bylae by Die Burger, 31 Mei 1984 - Joubert, Gideon. Karl Kielblock het ’n liefde vir die see by Jeug ingeskerp. Die Burger, 30 November 1991 - Smith, Francois. Onthou jy ‘Moord op Eendekuil’? Boeke-Insig. no.2 Somer 2008 Internet[wysig | wysig bron] - Beeld: http://188.8.131.52/argief/berigte/beeld/1991/11/27/5/2.html - Du Plessis, Bertie Beeld: http://184.108.40.206/argief/berigte/beeld/1991/12/5/2/6.html - Joubert, Gideon Die Burger: http://220.127.116.11/argief/berigte/dieburger/1991/11/30/6/1.html Ongepubliseerde dokumente[wysig | wysig bron] - Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) Bloemfontein. Kielblock, Karl – Biografie. Verwysings[wysig | wysig bron] - Karl Kielblock in Strand oorlede, Beeld, 27 November 1991 - Springbokboeke: http://www.springbokboeke.co.za/html/skrywers.html#K - Storiewerf: http://www.storiewerf.co.za/cvs/cv_karelkielblock_ph.htm - Anoniem. Kielblock van Jasper le Feuvre-faam sterf. Die Burger, 27 November 1991 - Du Plessis, Bertie. Kielblock se dood soos dié van ou vriend. Beeld, 5 Desember 1991 - Korrespondent. Bekende Karl Kielblock is oorlede. Die Volksblad, 27 November 1991 - Brink, André P. Rapport. 3 April 1983 - Verster, Francois LitNet: http://www.litnet.co.za/boekresensie-lafras-cuyper-kannonier-deur-karl-kielblock/ - Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Kielblock,_Kar1 - http://www.springbokboeke.co.za/html/karl_kielblock1.html
<urn:uuid:883d83b1-835c-49c4-a066-85283be27a41>
CC-MAIN-2019-30
https://af.wikipedia.org/wiki/Karl_Kielblock
2019-07-21T08:51:39Z
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526940.0/warc/CC-MAIN-20190721082354-20190721104354-00429.warc.gz
by-sa
3.0
link_tag
true
false
{ "abbr": [ "by-sa" ], "in_footer": [ false ], "in_head": [ true ], "location": [ "link_tag" ], "version": [ "3.0" ] }
false
false
Latn
afr
1.000007
false