text
string | id
string | dump
string | url
string | date
string | file_path
string | license_abbr
string | license_version
string | license_location
string | license_in_head
bool | license_in_footer
bool | potential_licenses
dict | license_parse_error
bool | license_disagreement
bool | language_script
string | language
string | language_score
float64 | found_in_fw
bool |
|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Fluviaal
Fluviaal is 'n term in geografie en geologie wat na die prosesse verwys wat met riviere en strome en die gevolglike afsettings en landvorme geassosieer word. Wanneer strome of riviere met gletsers, ysplate of yskappe geassosieer word, word die term glasiofluviaal of fluvioglasiaal gebruik.[1][2]
Inhoud
Fluviale prosesseWysig
Erosie deur bewegende water kan op twee maniere plaasvind. Eerstens oefen die bewegende water bokant die bedding 'n skuifspanning op die bedding uit. As die kohesiekrag van die substraat laer as die stroomskuiwing is, of as die bedding uit los sediment bestaan wat deur sulke spanning gemobiliseer kan word, sal die bedding deur skoonwatervloei verlaag word. As die rivier egter aansienlike hoeveelhede sediment dra, kan hierdie materiaal die verwering van die bedding verhoog (abrasie). Die fragmente self word terselfdertyd gemaal en word kleiner en meer gerond (attrisie).
Sediment in riviere word óf as beddingvrag (die growwer fragmente wat naby die bedding beweeg) óf as suspensievrag (fyner fragmente wat in die water gedra word) vervoer. Daar is ook 'n komponent wat as ontbinde materiaal gedra word.
Vir elke korrelgrootte daar is 'n spesifieke snelheid waarteen die korrels begin beweeg, naamlik die sleursnelheid. Die korrels sal egter steeds vervoer word, al val die snelheid tot onder die sleursnelheid weens verminderde (of afwesigheid van) wrywing tussen die korrels en die rivierbedding. Uiteindelik sal die snelheid in so 'n mate daal dat die korrels afgeset word. Dit word deur die Hjulstrøm-kurwe aangetoon.
'n Rivier is deur sy hele loop voortdurend besig om soliede deeltjies klip en grond van die bedding op te tel en af te set. Waar die rivier vinnig vloei, word meer deeltjies opgetel as afgeset. Waar die riviervloei stadig is, word meer deeltjies afgeset as opgetel. Areas waar meer deeltjies neergesit word, word alluviale of vloedvlaktes genoem, en die afgesette deeltjies word alluvium genoem.
Alluviale afsettings kom selfs by klein stroompies voor, maar dit is in die vloedvlaktes en deltas van die groot riviere dat groot, geologies beduidende alluviale afsettings voorkom.
Die vrag wat deur 'n groot rivier gedra word, is enorm. Baie riviername is afgelei van die kleur wat die vervoerde deeltjies die water gee. Die Huang Hy in China word byvoorbeeld letterlik as "Geelrivier" vertaal, en die Mississippirivier in die Verenigde State word ook "the Big Muddy" genoem. Na beraming dra die Mississippirivier jaarliks 406 miljoen ton sediment na die see,[5] die Huang Hy 796 miljoen ton, en die Po-rivier in Italië 67 miljoen ton.[6]
Sien ookWysig
Fluviale prosesseWysig
- Bradshaw-model
- Erosie
- Vertikale erosie
- Saltasie
- Oplossing
- Suspensie
Fluviale kanaalpatroneWysig
- Reguit
- Gevleg
- Meander (kronkel)
- Geanastomoseer
Fluviale landvormeWysig
- Bekken (Waterskeiding)
- Kanaal
- Konfluensie
- Stootoewer
- Crevasse splay
- Delta
- Esker
- Vloedvlakte
- Fluviale terras
- Canyon (Gorge)
- Donga
- Eiland
- Natuurlike oewerwal
- Meander
- Hoefystermeer
- Pendant bar
- Valgat
- Point bar
- Stroomversnelling
- Rivier
- Sandbank
- Fontein
- Stroom
- Stream pool
- Riviereiland
- Vallei
- Waterval
- Yazoo-stroom
Verwante termeWysig
VerwysingsWysig
- K.K.E. Neuendorf, J.P. Mehl, Jr., and J.A. Jackson, eds., 2005, Glossary of Geology.
- Wilson, W.E. & Moore, J.E. 2003.
- Charlton, Ro (2008). Fundamentals of fluvial geomorphology. London: Rutledge. p. 234. ISBN 978-0-415-33454-9.
- Wohl, Ellen (2014). Rivers in the Landscape: Science and Management. Wiley-Blackwell. p. 330. ISBN 1-118-41489-6.
- Mathur, Anuradha; Dilip da Cunha (2001).
- Dill, William A. (1990).
|
<urn:uuid:d835222a-9338-47fd-bb5d-5d12e094b9e3>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Fluviaal
|
2019-07-21T11:11:01Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00157.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999695
| false
|
111
Jump to navigation
Jump to search
111 |
◄ | 1ste eeu | ◄2de eeu► | 3de eeu | ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:111 |
Kalenders | |
Die jaar 111 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 11de jaar van die 2de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
|
<urn:uuid:b547ac6d-2c36-45c5-bbc6-f19ad36fb3a8>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/111
|
2019-07-21T11:44:41Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00157.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999866
| false
|
1280
Jump to navigation
Jump to search
1280 |
◄ | 12de eeu | ◄13de eeu► | 14de eeu | ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1280 |
Kalenders | |
Die jaar 1280 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 80ste jaar van die 13de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
|
<urn:uuid:7b25c932-8038-4dc4-964b-c5d6e29b3e00>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/1280
|
2019-07-21T11:18:48Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00157.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999926
| false
|
Hulp
Bladsye wat na "Kategorie:Sterftes in 2001" skakel
←
Kategorie:Sterftes in 2001
Jump to navigation
Jump to search
Skakels hierheen
Bladsy:
Naamruimte:
alle
(Hoof)
Bespreking
Gebruiker
Gebruikerbespreking
Wikipedia
Wikipediabespreking
Lêer
Lêerbespreking
MediaWiki
MediaWikibespreking
Sjabloon
Sjabloonbespreking
Hulp
Hulpbespreking
Kategorie
Kategoriebespreking
Portaal
Portaalbespreking
Module
Module talk
Gadget
Gadget talk
Gadget definition
Gadget definition talk
Omgekeerde seleksie
Filters
Versteek
insluitings |
Versteek
skakels |
Versteek
aansture
Die volgende bladsye skakel na
Kategorie:Sterftes in 2001
:
Wys (vorige 50 | volgende 50) (
20
50
100
250
500
).
Kategorie:Sterftes in 2004
(
← skakels
wysig
)
Kategorie:Sterftes in 2009
(
← skakels
wysig
)
Kategorie:Sterftes in 2000
(
← skakels
wysig
)
Kategorie:Sterftes in 2003
(
← skakels
wysig
)
Kategorie:Sterftes in 2008
(
← skakels
wysig
)
Kategorie:Sterftes in 2007
(
← skakels
wysig
)
Kategorie:Sterftes in 2002
(
← skakels
wysig
)
Kategorie:Sterftes in 2006
(
← skakels
wysig
)
Kategorie:Sterftes in 2005
(
← skakels
wysig
)
Wys (vorige 50 | volgende 50) (
20
50
100
250
500
).
Ontsluit van "
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Kategorie:Sterftes_in_2001
"
Navigasie-keuseskerm
Persoonlike gereedskap
Nie ingeteken nie
Bespreking
Bydraes
Skep gebruiker
Meld aan
Naamruimtes
Kategorie
Bespreking
Variante
Weergawes
Lees
Wysig
Wysig bron
Wys geskiedenis
Meer
Soek
Navigasie
Tuisblad
Gebruikersportaal
Geselshoekie
Onlangse wysigings
Lukrake bladsy
Hulp
Sandput
Skenkings
Gereedskap
Spesiale bladsye
Drukbare weergawe
Ander tale
Privaatheidsbeleid
Inligting oor Wikipedia
Vrywaring
Ontwikkelaars
Koekieverklaring
Selfoonweergawe
|
<urn:uuid:441c17b4-eb16-4c18-9530-d1b6d3884cc4>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Kategorie:Sterftes_in_2001
|
2019-07-21T10:56:54Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00157.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.992891
| false
|
Gelre
Die huidige Gelderland bevat net drie van die vier oorspronklike kwartiere. Die vierde kwartier (Opper-Gelre) lê by die Duitse stad Geldern en het in die Tagtigjarige Oorlog in Spaanse hande gebly en het in 1713 in Pruisiese hande oorgegaan.
|
<urn:uuid:352a0438-aab3-40f6-91c6-3eb1c0bcc874>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Gelre
|
2019-07-23T22:33:33Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529737.79/warc/CC-MAIN-20190723215340-20190724001340-00477.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999953
| false
|
Toevoegende kleur
'n Toevoeging van kleur is die skepping van 'n kleur deur die vermenging van die lig van twee of meer verskillende kleure. Rooi, groen en blou is die primêre toevoegingskleure wat normaalweg gebruik word in 'n toevoegingskleurstelsel. Toevoeging van kleur is in teenstelling met subtraktiewe kleur, in watter kleure is geskep deur af te trek (absorbeer) dele van die spektrum van die lig wat in gewone wit lig deur middel van gekleurde pigmente of kleurstowwe, soos dié in verf, ink, en die drie verflae in tipiese kleurfoto's op film.
Die kombinasie van twee van die drie standaard toevoeging primêre kleure in gelyke verhoudings produseer 'n toevoeging sekondêre kleur siaan, magenta of geel, wat in die vorm van kleurstowwe of pigmente die standaard-primêre kleure in subtraktiewe kleurstelsels is. Die subtraktiewe stelsel met behulp van primêre wat die sekondêre van die toevoeging stelsel kan gesien word as 'n alternatiewe benadering tot die weergee van 'n wye verskeidenheid van kleure deur die beheer van die relatiewe hoeveelhede van die rooi, groen en blou lig wat die oog bereik.
|
<urn:uuid:e8f923d2-ec84-4d35-a898-493363594e84>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Toevoegende_kleur
|
2019-07-23T23:22:16Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529737.79/warc/CC-MAIN-20190723215340-20190724001340-00477.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999976
| false
|
Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2004
'n Wetgewende Verkiesing is in Suid-Afrika gehou op Woensdag, 14 April 2004. Die African National Congress (ANC) van President Thabo Mbeki, wat aan bewind is sedert die einde van die apartheidstelsel in 1994, is herverkies met 'n vergrote meerderheid.
Hierdie was die derde vrye verkiesing sedert die einde van die apartheidsera. Die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika bestaan uit 400 lede, verkies volgens proporsionele verteenwoordiging. Tweehonderd lede is vanuit nasionale partylyste verkies, en die ander 200 vanuit partylyste van elk van die nege provinsies. Die President van Suid-Afrika is deur die Nasionale Vergadering verkies ná die verkiesing.
Die ANC, wat aan bewind is sedert 1994, het 69,7% van stemme in die nasionale stemming verkry, wat hulle teoreties sou toelaat om die grondwet, of enige ander wet, te verander sonder die opposisie se steun. Slegs sowat 56% van die stemgeregtiges het aan die verkiesing deelgeneem, met die ANC wat ondersteuning van sowat 38% van die geregistreerde kiesers geniet.
Die hoofopposisieparty, die Demokratiese Alliansie, het 'n vergrote persentasie op die nasionale stembrief verkry, heel moontlik van vorige ondersteuners van die Nuwe Nasionale Party, en het moontlik sommige ondersteuners na Patricia de Lille se nuwe Onafhanklike Demokrate verloor. Die NNP het meeste van hul ondersteuning verloor, en het van 20,4% in 1994, na 6,9% in 1999, na 1,7% in die 2004 verkiesing geval; dit kan grootliks toegeskryf word aan hul ondersteuners se ongelukkigheid met die alliansie met die ANC. Die OD het baie dophouers verras deur meer stemme as die NNP te kry, en het sodoende die vyfde-grootste party geword. Die Inkatha-Vryheidsparty het steun verloor, insluitend die grotere meerderheid van hul bastionsprovinsie, KwaZulu-Natal, terwyl die United Democratic Movement ook ondersteuning verloor het — hulle is skaars nog die opposisie in hulle tuiste, die Oos-Kaap.
Inhoud
Uitslag[wysig | wysig bron]
Die hoeveelheid setels aan elke party toegeken is verander nadat die amptelike uitslae aangekondig is; sien betwiste setel ondertoe.
Party (afkorting) | Leier | Stemme | % | Verandering | Setels | Verandering |
---|---|---|---|---|---|---|
African National Congress (ANC) | Thabo Mbeki | 10 878 251 | 69,7 | +3,3 | 279 | +13 |
Demokratiese Alliansie (DA) | Tony Leon | 1 931 201 | 12,4 | +2,8 | 50 | +12 |
Inkatha-Vryheidsparty (IFP) | Mangosuthu Buthelezi | 1 088 664 | 7,0 | -1,6 | 28 | -6 |
United Democratic Movement (UDM) | Bantu Holomisa | 355 717 | 2,3 | -1,1 | 9 | -5 |
Onafhanklike Demokrate (OD) | Patricia de Lille | 269 765 | 1,7 | +1,7 | 7 | +7 |
Nuwe Nasionale Party (NNP) | Marthinus van Schalkwyk | 257 824 | 1,7 | -5,2 | 7 | -21 |
Afrika Christen Demokratiese Party (ACDP) | Kenneth Meshoe | 250 272 | 1,6 | +0,2 | *6 | - |
Vryheidsfront Plus (VF+) | Pieter Mulder | 139 465 | 0,89 | +0,09 | 4 | +1 |
United Christian Democratic Party (UCDP) | Lucas Mangope | 117 792 | 0,75 | -0,03 | 3 | - |
Pan Africanist Congress (PAC) | Motsoko Pheko | 113 512 | 0,73 | +0,01 | 3 | - |
Minority Front (MF) | Amichand Rajbansi | 55 267 | 0,35 | +0,04 | 2 | +1 |
Azanian People's Organisation (AZAPO) | Mosiblidi Mangena | 41 776 | 0,27 | +0,1 | *2 | +1 |
ander | 113 161 | 0,72 | -0,29 | 0 | -3 | |
Totaal | 15 612 667 | 100,0 | - | 400 | - |
Betwiste setel[wysig | wysig bron]
Die amptelike uitslae was suksesvol deur die ACDP betwis, wat gelei het daartoe dat hulle een setel verkry het wat voorheen aan AZAPO toegeken was [1].
Korrupsie-aantygings[wysig | wysig bron]
Die Suid-Afrikaanse nasionale polisiekommissaris, Jackie Selebi, het aan die Suid-Afrikaanse Parlementêre ad-hoc komitee oor veiligheid en beskerming rapporteer dat die polisie 'n groep mense gearresteer het met vermeende skakels na Al-Kaïda vyf dae voor die verkiesings, wat vermoedelik van plan was om die verkiesings te ontwrig. Werk wat deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens gedoen is, het gelei tot die inhegtenisname van mense in Jordanië, Sirië en die Verenigde Koninkryk. Hoeveelhede Suid-Afrikaanse paspoorte is in Londen gevind, wat die Departement van Binnelandse Sake aan korrupsie sou verbind het.[1]
Provinsiale Verkiesings[wysig | wysig bron]
Wes-Kaapse uitslae[wysig | wysig bron]
Party | Leier | Stemme | % | Verandering | Setels | Verandering | |
---|---|---|---|---|---|---|---|
African National Congress (ANC) | Thabo Mbeki | 709 052 | 45,25% | 19 | |||
Demokratiese Alliansie (DA) | Tony Leon | 424 832 | 27,11% | 12 | |||
Nuwe Nasionale Party (NNP) | Marthinus van Schalkwyk | 170 469 | 10,88% | 5 | |||
Onafhanklike Demokrate (ID) | Patricia de Lille | 122 867 | 7,84% | 3 | |||
Afrika Christen Demokratiese Party (ACDP) | Kenneth Meshoe | 53 934 | 3,44% | 2 | |||
United Democratic Movement (UDM) | Bantu Holomisa | 27 489 | 1,75% | 1 | |||
Africa Muslim Party (AMP) | 11 019 | 0,70% | 0 | ||||
New Labour Party (NLP) | Pieter Marais | 10 526 | 0,67% | 0 | |||
Vryheidsfront Plus (VF+) | Pieter Mulder | 9 705 | 0,62% | 0 | |||
Pan Africanist Congress (PAC) | Motsoko Pheko | 6 254 | 0,42% | 0 | |||
United Christian Democratic Party (UCDP) | Lucas Mangope | 3 575 | 0,23% | 0 | |||
Green Party of South Africa (GPSA) | Judy Sole | 3 317 | 0,21% | 0 | |||
Peace and Justice Congress (PJC) | Muhammed Rashad Khan | 3 278 | 0,21% | 0 | |||
Nasionale Aksie (NA) | 2 248 | 0,14% | 0 | ||||
Inkatha-Vryheidsparty (IFP) | Mangosuthu Buthelezi | 2 222 | 0,14% | 0 | |||
Cape People's Congress (CPC) | 1 960 | 0,13% | 0 | ||||
Azanian People's Organisation (AZAPO) | Mosibudi Mangena | 1 455 | 0,09% | 0 | |||
Moderate Independent Party (MIP) | 953 | 0,06% | 0 | ||||
Peace and Development Party (PDP) | 789 | 0,05% | 0 | ||||
Universal Party (UP) | 735 | 0,05% | 0 | ||||
Totaal | 1 566 949 | 100 | 0 |
Sien ook[wysig | wysig bron]
Verwysings[wysig | wysig bron]
Eksterne skakels[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband met Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2004. |
|
<urn:uuid:c3a88111-f497-4777-9a46-d6cfcb1cd3e4>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Suid-Afrikaanse_algemene_verkiesing_van_2004
|
2019-07-16T12:43:57Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195524548.22/warc/CC-MAIN-20190716115717-20190716141717-00101.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.997982
| false
|
10 September
Jump to navigation
Jump to search
<< | September 2018 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | ||||||
2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 |
9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 |
16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 |
23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 |
30 | ||||||
Al die dae |
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 422 – Pous Celestinus I volg Pous Bonifatius I op.
- 1515 – Pous Leo X stel Thomas Wolsey, aartsbiskop van York, aan as kardinaal.
- 1523 – Pous Adrianus VI stel Willen van Enckenvoirt, biskop van Tortosa, aan as kardinaal.
- 1721 – Die Groot Nordiese Oorlog eindig.
- 1770 – Pous Clemens XIV stel Scipione Borghese, titulêr aartsbiskop van Teodosia en Giovanni Battista Rezzonico, prefek van die Apostoliese Paleis aan as kardinaal.
- 1813 – Die Slag van Eriemeer vind plaas tydens die Anglo-Amerikaanse Oorlog van 1812.
- 1891 – Die NG gemeente Rondebosch stig af van die NG gemeente Wynberg.
- 1987 – Begin van die Slag van Cuito Cuanavale in Angola, die grootste veldslag in Afrika sedert die Tweede Wêreldoorlog.
- 1988 – Steffi Graf van Duitsland word slegs die derde vrou wat die tennis Grand Slam verower toe sy VSA Ope toernooi wen.
- 2005 – Michael E. Brown, Chad Trujillo en David Lincoln Rabinowitz ontdek Disnomia, sover bekend die enigste natuurlike satelliet van die dwergplaneet Eris.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 1487 – Giovanni Maria Ciocchi del Monte (later Pous Julius III), die 221ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1555).
- 1870 – Prof. Gabriël Gideon Cillié, Afrikaanse opvoedkundige en kultuurleier († 1958).
- 1933 – Rita Roberts, Suid-Afrikaanse sopraan.
- 1933 − Karl Lagerfeld, Duitse modeontwerper, fotograaf en kostuummaker († 2019).
- 1982 – Heino Schmitt, Suid-Afrikaanse akteur.
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 1167 – Matilda van Engeland (* 1102).
- 1983 – John Vorster, Suid-Afrikaanse politikus, sewende Eerste Minister van Suid-Afrika (1966–1978) en vierde Staatspresident van Suid-Afrika (1978–1979) (* 1915).
- 2018 – Jannie Geldenhuys, voormalige Suid-Afrikaanse Weermaghoof (* 1935).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband met 10 September. |
|
<urn:uuid:9f973098-ebb3-4fec-81d8-797fc9e176fc>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/10_September
|
2019-07-17T17:16:28Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525355.54/warc/CC-MAIN-20190717161703-20190717183703-00261.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.994136
| false
|
Gebruikerbespreking:Tokkie
Inhoud
Welkom[wysig bron]
Jcwf 14:50, 28 01 2005 (UTC)
- Hallo Tokkie, en baie welkom hier. Ek is verras om te sien dat hier nog iemand ingeval het met 'n artikel oor ons geveerde vriendjies! Jy kan gerus registreer en 'n bietjie meer van jouself laat weet. Ek neem aan jy is 'n Suid-Afrikaner? Groetnis. JohanL 12:03, 27 Jun 2005 (UTC)
Hey Johan
Baie dankie vir die verwelkoming, voel al sommer klaar tuis! :-)
Ja, die vere vrinne lê my na aan die hart, ek wou al vroeër my eie webwerf op die been gebring het maar nou sien ek ons kan sommer saam werk aan een hier op wiki.
Ek is Suid Afrikaans ja, woon in Centurion en kry helaas nie gnoeg kans tussen werk deur om meer in die veld te kom nie. Beplan 'n besoek aan die Okovango delta later vanjaar, dan sal ek hopelik heelwat meer materiaal hê om by te voeg.
Tokkie 13:58, 27 Jun 2005 (UTC)
Baie welkom, ook van my. Jcwf 14:10, 27 Jun 2005 (UTC). My SA voellys is net 70 soorte lang maar ek het hulle baie geniet in my tyd daar. (behalwe die hadeda's wat my gewek het 5h00...).
- Mooi, ek wens ek kon saamgaan na die Groot Okovango toe; ek beny jou [;-\] maar nouja, my beurt sal dalk ook nog kom. Dit klink of jy 'n groot voëlliefhebber/kyker is. Om te registreer, klik op daardie rooi naam van jou en registreer jouself op die Wiki, dan weet almal wie jy is - maar moenie dat ek jou onder druk plaas nie, die keuse is joune. :-) Dit lyk of jy heel vaardig is met die program en ons gaan mekaar vorentoe nog lekker aanvul. Op die oomblik is ek besig om so tussen-in die alfabetiese naamlys op datum te bring en daar is ook 'n wetenskaplike naamlys in wording. Dit gaan maar stadig maar ek glo daar gaan iets moois hier uitkom. Kom gerus met voorstelle waar verbeter kan word. Groetnis.JohanL 14:35, 27 Jun 2005 (UTC)
- En 'n hartlike welkom van my kant af ook. My hart pomp sommer choclates as ek sien hoe ons gemeenskappie begin groei - --RM 14:12, 27 Jun 2005 (UTC)
Hi Tokkie, bly jy's terug by WP - seker al terug van Okavango ook te oordeel aan die fotos van die Tjagra en Melba op die Botswana grens. Dankie vir jou bydraes. My probleem is dat ek nie eie fotos het wat ek kan publiseer nie, maar pragtige fotos met kopiereg op. Ek het hierdie projek so 'n bietjie op die ys gesit maar sal weer aangaan as die lus my beetpak. Groetmis. JohanL 08:34, 17 Julie 2005 (UTC)
Haai, Tokkie
Dis is tans nie 100% duidelik wat die lisensie van die bogenoemde beeld is nie. Alhoewel Wikipedia CC-BY-SA-lisensie vir alle bydraes aanmoedig, bestaan daar ook 'n aantal ander lisensies wat hier aanvaar is. Voeg asseblief die gepaste lisensie by die beeld, ten einde die toestemming tot hergebruik en wysiging van die beeld duidelik te maak. Indien jy enige vrae of probleme het, moet jy asseblief nie huiwer om my op my besprekingsblad te kontak nie.
Let wel: indien 'n aanvaarbare lisensie nie binne 2 weke van hierdie boodskap bygevoeg word nie, mag die beeld verwyder word. Die lisensie moet asseblief by die beeldblad self gevoeg word en nie slegs hier gemeld word nie. - Anrie 22:06, 19 Februarie 2008 (UTC)
Haai, Tokkie
Dis is tans nie 100% duidelik wat die lisensie van die bogenoemde beeld is nie. Alhoewel Wikipedia GNU-FD-lisensie vir alle bydraes aanmoedig, bestaan daar ook 'n aantal ander lisensies wat hier aanvaar is. Voeg asseblief die gepaste lisensie by die beeld, ten einde die toestemming tot hergebruik en wysiging van die beeld duidelik te maak. Indien jy enige vrae of probleme het, moet jy asseblief nie huiwer om my op my besprekingsblad te kontak nie.
Let wel: indien 'n aanvaarbare lisensie nie binne 2 weke van hierdie boodskap bygevoeg word nie, mag die beeld verwyder word. Die lisensie moet asseblief by die beeldblad self gevoeg word en nie slegs hier gemeld word nie. - Anrie (kontak) 07:58, 16 Mei 2008 (UTC)
Haai, Tokkie
Dis is tans nie 100% duidelik wat die lisensie van die bogenoemde beeld is nie. Alhoewel Wikipedia GNU-FD-lisensie vir alle bydraes aanmoedig, bestaan daar ook 'n aantal ander lisensies wat hier aanvaar is. Voeg asseblief die gepaste lisensie by die beeld, ten einde die toestemming tot hergebruik en wysiging van die beeld duidelik te maak. Indien jy enige vrae of probleme het, moet jy asseblief nie huiwer om my op my besprekingsblad te kontak nie.
Let wel: indien 'n aanvaarbare lisensie nie binne 2 weke van hierdie boodskap bygevoeg word nie, mag die beeld verwyder word. Die lisensie moet asseblief by die beeldblad self gevoeg word en nie slegs hier gemeld word nie. - Anrie (kontak) 07:57, 19 Mei 2008 (UTC)
Beelde van voëlverspreidings[wysig bron]
Haai, Tokkie
Daar is 'n aantal beelde deur jou opgelaai wat die verspreiding van voëlsoorte aandui, bv. Beeld:Gewone Melba Verspreiding.png. Dit is egter nie duidelik waar jy hierdie beelde vandaan gekry het nie. Indien dit op die internet was, dan sal 'n URL ('n skakel) na die blad waarop die beeld verskyn voldoende wees. Indien dit uit 'n boek verkry is, word die boek se gegewens benodig. Indien jy self die outeur van die beeld is, meld dit asseblief duidelik. Moet asseblief nie huiwer om my te kontak indien jy enige vrae of probleme het nie.
Let wel: indien 'n geldige bron nie binne 2 weke van hierdie boodskap bygevoeg word nie, mag die beeld verwyder word. Die gegewens van die bron moet asseblief by die beeld self bygevoeg word en nie hier nie.
- Beeld:Gewone Melba Verspreiding.png - 07:58, 23 Mei 2008 (UTC)
- Beeld:Gewone Blousysie Verspreiding.png - 07:58, 23 Mei 2008 (UTC)
- Beeld:Driestreeptjagra Verspreiding.png - 08:05, 4 Junie 2008 (UTC)
- Beeld:Hoephoep verspreiding.png - 06:06, 10 Junie 2008 (UTC)
- Beeld:Hoephoep verspr.png - 06:06, 10 Junie 2008 (UTC)
Haai, Tokkie
Dis is tans nie 100% duidelik wat die lisensie van die bogenoemde beeld is nie. Alhoewel Wikipedia GNU-FD-lisensie vir alle bydraes aanmoedig, bestaan daar ook 'n aantal ander lisensies wat hier aanvaar is. Voeg asseblief die gepaste lisensie by die beeld, ten einde die toestemming tot hergebruik en wysiging van die beeld duidelik te maak. Indien jy enige vrae of probleme het, moet jy asseblief nie huiwer om my op my besprekingsblad te kontak nie.
Let wel: indien 'n aanvaarbare lisensie nie binne 2 weke van hierdie boodskap bygevoeg word nie, mag die beeld verwyder word. Die lisensie moet asseblief by die beeldblad self gevoeg word en nie slegs hier gemeld word nie. - Anrie (kontak) 10:45, 9 Januarie 2009 (UTC)
Haai, Tokkie
Dis is tans nie 100% duidelik wat die lisensie van die bogenoemde beeld is nie. Alhoewel Wikipedia CC-BY-SA-lisensie vir alle bydraes aanmoedig, bestaan daar ook 'n aantal ander lisensies wat hier aanvaar is. Voeg asseblief die gepaste lisensie by die beeld, ten einde die toestemming tot hergebruik en wysiging van die beeld duidelik te maak. Indien jy enige vrae of probleme het, moet jy asseblief nie huiwer om my op my besprekingsblad te kontak nie.
Let wel: indien 'n aanvaarbare lisensie nie binne 2 weke van hierdie boodskap bygevoeg word nie, mag die beeld verwyder word. Die lisensie moet asseblief by die beeldblad self gevoeg word en nie slegs hier gemeld word nie. - So ook vir Lêer:Muiskleurvlieevanger.jpg en Beeld:Muiskleurvlieevanger Verspreiding.png, asb. Anrie (kontak) 07:26, 19 Junie 2010 (UTC)
|
<urn:uuid:001cd9c3-a34a-496d-a6c4-c125ba550de4>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Gebruikerbespreking:Tokkie
|
2019-07-18T21:41:40Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525829.33/warc/CC-MAIN-20190718211312-20190718233312-00421.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
false,
false
],
"in_head": [
true,
false,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 1.000002
| false
|
Grootbruinsterretjie
Die Grootbruinsterretjie (Anous stolidus) is 'n algemene voël en somerbesoeker aan die kus langs Mosambiek uit tropiese Indiese Oseaan-kolonies. Die voël is 36 – 44 cm lank, 170 - 220 g groot met 'n vlerkspan van 80 – 85 cm. In Engels staan die voël bekend as die Brown Noddy.
Grootbruinsterretjie Grootbruinseeswael | ||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Grootbruinsterretjies in die Filippyne. | ||||||||||||||||
Bewaringstatus | ||||||||||||||||
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||||||||
Binomiale naam | ||||||||||||||||
Anous stolidus (Linnaeus, 1758) |
Inhoud
FotogaleryWysig
Sien ookWysig
Wikimedia Commons bevat media in verband met Anous stolidus. |
BronWysig
VerwysingsWysig
- BirdLife International (2012). "Anous stolidus". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.
|
<urn:uuid:180bdd39-8a3d-4628-9c3c-2f07d4c0956a>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Grootbruinseeswael
|
2019-07-20T05:45:05Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526446.61/warc/CC-MAIN-20190720045157-20190720071157-00021.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.996707
| false
|
Siener in die suburbs (1973)
Siener in die suburbs is 'n Afrikaanse drama wat in 1971 deur PG du Plessis geskryf is. Die drama het, saam met sy debuutboek, Die nag van Legio aan hom die Hertzogprys in 1972 besorg. Die drama word op verskeie kere opgevoer en is ook as draaiboek vir die gelyknamige rolprent gebruik.
Siener in die suburbs | |
---|---|
Draaiboek | PG du Plessis |
Met | Marius Weyers Sandra Prinsloo Don Lamprecht |
Uitgereik | 1973 |
Speeltyd | 90 minute |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
IMDb-profiel |
Inhoud
GenreWysig
Die rolprent is 'n drama. Dit het geen ouderdomsperk nie, maar ouerleiding word aanbeveel.
HoofrolspelersWysig
StorielynWysig
Die stuk speel af in 'n armoedige suidelike voorstad van Johannesburg. Jakes is die "zef" ou wat 'n ma soek vir sy laaitie. Tiemie, die ma, wil egter niks hiervan weet nie. Sy wil wegkom uit die "suburbs", met 'n ryk man trou en "van geweet wees". Haar broer, Tjokkie is die siener wat onder meer "sien" hoe 'n ander man as Jakes haar swanger maak. Natuurlik met rampspoedige gevolge.
|
<urn:uuid:c8013e32-e180-4029-b12f-e6a3888e7497>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Siener_in_die_suburbs
|
2019-07-20T05:21:01Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526446.61/warc/CC-MAIN-20190720045157-20190720071157-00021.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 1.000004
| false
|
Pastorie
In Suid-Afrika word die erf waarop die pastorie staan van eiendomsbelasting vrygestel. Die pastorie moet egter deur 'n amptelike leraar van die gemeente bewoon word. As die pastorie verkoop of aan iemand anders as die leraar verhuur word, word dit normaal belas.[1]
|
<urn:uuid:174afc40-812e-4707-8b97-f09327551b80>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Pastorie
|
2019-07-21T11:17:10Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00181.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 1.000003
| false
|
Gholf
Gholf is 'n buitelugsport waar individuele spelers of spanne 'n klein balletjie tot binne 'n gaatjie in die grond moet slaan deur verskeie gholfstokke te gebruik. Dit is ook een van die min spelle wat nie 'n vaste bepaalde spelarea gebruik nie, dit wil sê golfbane verskil in vorm en uitleg. Die spel word bepaal deur die Reëls van Gholf (opgestel deur die Verenigde State se Gholfvereniging) as "die slaan van 'n bal vanaf die bofperk tot in die gaatjie deur een of meer houe onderhewig aan die Reëls".[1] Daar word beweer dat gholf in Skotland ontstaan het en volgens oorlewering is die eerste gholfspel moontlik by die Bruntsfield Links in Skotland in 1456 gespeel, aldus die Royal Burgess Golfing Society.
Gholf, in sy huidige vorm, was wel sedert ten minste 1257 in Nederland en sedert 1672 op Skotland se Musselburgh Links gespeel (die oudste gholfbaan in die wêreld), maar ander weergawes van die spel is al vele eeue voorheen dwarsdeur die Britse eilande en die Nederlande van Noord-Europa gespeel.
Alhoewel dit gereeld as 'n elite-tydverdryf gesien word, word gholf nou meer gewild en trek al hoe meer spelers dwarsoor die wêreld.
Inhoud
Uitleg van 'n gholfbaanWysig
'n Spel bestaan uit die speel van 'n rondte van etlike putjies. 'n Putjie bestaan uit die slaan van 'n bal vanaf die bofperk ('n gemerkte area wat uitgesit word vir die eerste hou van 'n gaatjie), en opvolgende houe met yster- of houthoue. Sodra die bal die setperk ('n area van kortgesnyde gras) bereik word die bal met sethoue (wat teen die grond langs gespeel word) tot in die gaatjie gespeel. Meeste gholfbane bestaan uit 18 putjies, alhoewel sekere 9 het. Die doel — om so min as moontlik houe te gebruik om die bal in die putjie te kry — word deur verskeie versperrings soos bome, sandkuile en waterhindernisse bemoeilik.
GebruikeWysig
Daar bestaan 'n magdom van jarelange gebruike en natuurlik ook 'n lys van etiket/reëls wat nagekom behoort te word by elke baan. Enkeles is:
- Gee 'n medespeler 'n behoorlike kans om sy bal te vind en dan te speel. Dit is ongeskik om hom aan te jaag (binne perke).
- Moenie voor/te naby aan 'n medespeler staan as hy sy bal wil slaan nie.
- Moenie beweeg of hard praat terwyl 'n speler aanlê na die putjie toe nie. (Dit geld ook vir toeskouers en baljoggies)
- Moenie sigarette rook of stompies op die setperk neergooi nie.
- Moet NOOIT 'n ander speler se bal optel (of selfs aanraak), tensy hy jou vra nie.
- Moenie jou bal tussen die spelersgroep voor jou op die baan inslaan nie (tensy dit natuurlik 'n ongeluk was).
- Moenie met halftyd só lank in die klubhuis vertoef dat ander spelers vir jou moet wag op die afslaanbof nie.
- Dra die korrekte sportklere en skoene tydens 'n rondte gholf. (Géén T-hemde, rugbybroeke of plakkies word by enige klub toegelaat nie!)
- Heelaas, moenie vuil taal gebruik voor medespelers nie, veral nie dames nie (geld vir alle sportsoorte).
TriviaWysig
Die bekendste gholfwoord wat in daaglikse omgangstaal gebruik word, is die 19de putjie, bedoelende die kroeg in die klubhuis. "Sam het by die negentiende putjie vasgeval".
Sien ookWysig
VerwysingsWysig
Eksterne skakelsWysig
Olimpiese somersporte | |||
---|---|---|---|
Somerspele: Atletiek · Basketbal · Boks · Boogskiet · Driekamp · Fietsry (Bergfietsry · BMX · Bergfietsry · Pad) · Gewigoptel · Gholf · Gimnastiek (Artistiek · Ritmies · Trampolien) · Handbal · Judo · Kanovaart (Slalom · Snel) · Moderne vyfkamp · Ruitersport (Dressuur · Driefasekompetisie · Spring) · Pluimbal · Roei · Seiljagwedvaart · Sewesrugby · Skermsport · Skyfskiet · Sokker · Stoei (Grieks-Romeins · Vrystyl) · Taekwondo · Tafeltennis · Tennis · Veldhokkie · Vlugbal (Strandvlugbal) · Watersport (Gesinchroniseerde swem · Sierduik · Swem · Waterpolo) |
|
<urn:uuid:7023d811-3a8d-49cf-9944-8952488b1b49>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Gholf
|
2019-07-23T21:56:57Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529737.79/warc/CC-MAIN-20190723215340-20190724001340-00501.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.99999
| false
|
Inkubasie
Inkubasie by voëls[wysig | wysig bron]
In die voëlryk verwys "inkubasie" na die tydperk wat die volwasse voël op die eiers broei/dit warm hou en waarin die embrio ontwikkel totdat dit gereed is om die dop van binne oop te breek en buite die eier te leef.
Die tydsduur van inkubasie hang hoofsaaklik af van twee faktore – die grootte van die eier en die tempo waarteen die embrio ontwikkel. Vir 'n volle broeisel word die tyd van inkubasie bepaal vanaf die dag waarop die laaste eier gelê is tot die dag waarop laaste eier uitbroei. Oor die algemeen geld die volgende reël: Hoe groter die eier, hoe langer is die tyd van inkubasie.
Verder bepaal die ligging van die nes en die struktuur van die nes ook hoe lank inkubasie sal duur. Vir eiers in toe neste en weggesteekte neste is die inkubasietyd langer, maar in oop en blootgestelde neste is dit weer korter. Voëls wat op die grond nesmaak het dus oor die algemeen 'n korter inkubasietyd as voëls waarvan die neste in bome of bo grondvlak is.[1]
Verwysings[wysig | wysig bron]
- Maclean, GL. 1990. Ornithology for Africa. Pietermaritzburg: University of Natal Press. ISBN 0869807374
|
<urn:uuid:a3b0f1ba-4530-423a-825b-6db6d742fcb4>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Inkubasie
|
2019-07-17T16:49:09Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525355.54/warc/CC-MAIN-20190717161703-20190717183703-00285.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 1.000003
| false
|
On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751
Tydskr. geesteswet. vol.58 n.2 Pretoria Jun. 2018
http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n2a8
NAVORSINGS- EN OORSIGARTIKELS RESEARCH AND REVIEW ARTICLES (2)
Disentanglement: The basis of societal and religious freedom
Danie Strauss
Skool vir Filosofie Noordwes-Universiteit Potchefstroomkampus E-pos: email@example.com
OPSOMMING
Omdat die geskiedenis van samelewings en die besinning daaroor dikwels na totalitêre praktyke neig word in hierdie artikel spesifiek die aandag op die betekenis van die ontstrengeling of vertakking van die Westerse samelewingserfenis gevestig. Inleidend word daarom allereers vlugtig na die plek van oortuigingsvryhede in Suid-Afrika gekyk en daarna word dieper ingegaan op die aard en implikasies van differensiasie van die samelewing oor millennia.1
Trefwoorde: Persoonlike vryheid; samelewingsvryhede; tradisionele samelewings; kerklike eenheidskultuur; Roomse verkerkliking; samelewingsdifferensiasie; Humanisme; Ateïsme; regsbelange; regstaat.
ABSTRACT
The road from traditional societies towards disentangling them in a process of differentiation will be the focus of our attention since without differentiation the societal basis for distinguishing between the state and the various non-political entities will be nonexistent. The situation within South Africa will be briefly mentioned at the beginning and the end of the discussion.The statement ofthe Supreme Court (June 27, 2017) regarding specific religious practices at school does not only support what is stipulated in the Constitution of South Africa, but it is also in harmony with the acknowledgement of academic freedom. In accordance with the above, school governing bodies are entitled to determine the ethos of public schools. What is at stake in all of this is the acknowledgement of both personal freedom and the intrinsic freedom of diverse societal entities.
However, the question is whether or not this competence is derived from the state, in the sense that schools are integral parts of the state. This article focuses on some of the main contours of the history of Western civilization. In particular, attention will be given to the difference between traditional (undifferentiated) societies and more recent (differentiated) societies. It will show how the process of societal differentiation changed the close-knit pattern of traditional societies, specifically during the middle ages. Tribal elements, as found in the initial Roman folklaw, still played a role. Kingdoms and empires as well as the guild and manorial systems mediated the eventual transition to a differentiated situation. During the middle ages this process was caught up in the power-struggle between the emperor or king and the pope and the church. Until the latter part of the eleventh century the kings and emperors dominated the scene. Moreover, the role of law was still undifferentiated. What was called secular law was not yet disembedded from general tribal, local, and general customs or from the general custom of royal and imperial households. There was an on-going fusion of religious and political spheres while bishops continued to function as members of the feudal hierarchy. Then from the last part of the eleventh century until the beginning of the fourteenth century the papal revolution emerged. On the one hand it led to developments anticipating the differentiation between church and state while at the same time, on the other hand, it resulted in the papal claims to ultimate authority over society as a whole. The famous doctrine of "two swords" was used to undergird these ideas, although the church still expressed the view that the pope has the authority even to dethrone emperors and kings. The papal ascend to a church dominated society, reached its culmination point in the writing of Boniface VIII known as Una Sancta. Its ultimate claim is that outside the Roman Pontiff there is no salvation. In this context Berman (1983) points out that from a socio-economic perspective the Papal Revolution provided a stimulus for a significant increase in production and trade, even extending to the rise of multiple new cities and towns. It should also be appreciatedfor establishing the first European universities, for the rise of systematic scholarly reflection (theology, philosophy and the science of law) and for a growing social awareness. During the era after the Renaissance a differentiation of society took place through which diverse societal entities emerged, such as artistic creations, scholarly endeavours (universities), schools, economic trade and commerce (the differentiation of the nuclear family and the business enterprise) and of course the origination of the modern state alongside various faith communities. State citizenship is not concerned with the various non-political connections of an individual. Therefore, while reflecting on citizenship one has to disregard these non-political ties because citizenship disregards gender, cultural affiliation, economic position, social status, religious ties and moral convictions. Yet this does not mean that these ties are neglected, because the state has to protect the legal interests entailed in these non-political connections, including personal and collective religious freedoms. Apart from the presence of this multiplicity ofnon-political ties there would not be sufficient legal interests to protect. A just state ought to protect public legal freedoms, personal freedom, and societal freedoms. When "Christian" is equated with the institutional Church we still adhere to the Roman Catholic "churchification" of life which amounts to treating a school as if it were a church denomination. A school without any religious observances may still be Christian, namely when all the subjects taught are presented within the framework of a Christian understanding of reality.
Keywords: Personal freedom; societal freedoms; unified ecclesiastical culture; the Roman churchification of life; societal differentiation; Humanism; Atheism; legal interests; just state
1. DIE REGSPOSISIE VAN OORTUIGINGSVRYHEDE IN SUID-AFRIKA
Die uitspraak van die Hooggeregshof van Johannesburg verlede jaar (27-06-2017) het my opnuut laat nadink oor die historíese agtergrond van godsdiensvryheid in 'n gedifferensieerde samelewing. Hierdie uitspraak dui daarop dat bepaalde godsdienstige aktiwiteite (soos die opening met Skriflesing en gebed), en sekere Christelike verwysings (byvoorbeeld in 'n skoolwapen of skoollied) in orde is. Die Grondwet van Suid-Afrika bepaal immers in artikel 15(2): "Elkeen het die reg op vryheid van gewete, godsdiens, denke, oortuiging en mening." Die bywoning daarvan is vrywillig: "Godsdiensbeoefening kan by staats- of staatsondersteunde instellings geskied". Artikel 16(d) bevestig bykomend akademiese vryheid: "akademiese vryheid en vryheid van wetenskaplike navorsing".
Die Grondwet stipuleer voorts [in S.172(1)(b)] dat wanneer oor konstitusionele sake gehandel word dit op 'n "regverdige en billike" wyse moet geskied. Die gemelde uitspraak van die Hooggeregshof formuleer die kern van die saak soos volg: "If the school's case were to be captured in a nutshell, it would be that the schools too have a right to freedom of religion; that the schools are entitled by law to have an ethos or character; and that the school governing bodies ('SGBs') envisaged in s.16 of the Schools Act are entitled to determine this ethos or character with reference to the religious make-up of the feeder community that serves the particular school" (Uitspraak 27-06-2017, s.12). In s. 13 word bykomend vermeld dat die skole die voorbehoud aanvaar dat enige godsdienstige plegtighede in ooreenstemming met die reëls van die beheerliggaam en op 'n billike basis sal geskied.
Die Skolewet stipuleer verder dat die Minister die "minimum uitkomste of standaarde" van die kurrikulum vasstel sonder dat dit inbreuk op skole se akademiese vryheid maak om beslag aan die inhoud van die kurrikulum te gee. Dit sou tewens totaliter wees indien die owerheid ook die wetenskaplike perspektiefvan waaruit die vakke op skool aangebied word, sou wou voorskryf.
Die vryhede wat ons saaklik hierbo vermeld het, handel oor die erkenning sowel van persoonlike vryheid asook die interne vryheid van verskillende samelewingsentiteite, insluitend skole. Die vraag is egter of hierdie verskeidenheid samelewingsvorme nie almal deel uitmaak van 'n omvattende samelewingsgeheel wat in die staat beslag kry nie?
Die uitspraak "that the schools are entitled by law to have an ethos or character" verg nadere toeligting. Indien skole daarop "geregtig" is om hul etos en karakter te bepaal, ontstaan die vraag immers of hierdie bevoegdheid van die staat afgelei word uit hoofde van die feit dat skole integrale dele van die staat sou wees? Hierdie vraag kan slegs beantwoord word wanneer aan belangrike kontoere van die Westerse beskawingsgeskiedenis aandag geskenk word.
2. DIE INEENGEWEEFDHEID VAN TRADISIONELE SAMELEWINGS
Ons vestig eerstens ons aandag op die aard van tradisionele, relatief ongedifferensieerde samelewings. In sulke samelewings is alle samelewingsgeledinge nog grootliks ineengestrengel en op 'n ongedifferensieerde wyse saamgeweef. Wat later as selfstandige samelewingsinstel-lings onderken kan word - soos die bedryfsonderneming, sosiale verenigings, state, kerke, skole en unversiteite, huwelike en gesinne, kultuurverenigings en taalgemeenskappe - is hier nog in een omvattende ongedifferensieerde organisasievorm vervleg. In dergelike tradisionele samelewings neem een van hierdie ineengeweefde samelewingsvorme die leiding. In die grootfamilie en sib is dit die uitgebreide ("groot"-)familie (verwant aan die vaderskant of moederskant) wat die leiding neem, maar in die geval van die sterker georganiseerde stamverband neem die politieke struktuur die leiding. Dit geld ook van die Griekse polis (stadstaat).
'n Besinning oor die aard van die vryheid van samelewingsvorme (en van geloofsoor-tuiging) sal dus moet nagaan watter samelewingsontwikkelinge nodig was alvorens sinvol op die aard van die (moderne) staat en die plek van niestaatlike sosiale entiteite in 'n gedif-ferensieerde samelewing ingegaan kan word. Die kontemporêre bestaan van die staat en 'n verskeidenheid van niestaatlike lewensvorme is immers die resultaat van 'n lang kultuur-historiese ontwikkelingsproses. In tradisionele samelewings, soos die grootfamilie, die sibbe en die stam asook die antieke Griekse stadstaat (die polis), Middeleeuse (konink)ryke ('n regnum soos die Romeinse ryk en die latere Merowingiese ryke) en selfs die gildewese en landheerlike gemeenskappe, is die verskillende geledinge van die samelewing nog grootliks ineengeweef as een omvattende geheel.
3. DIE LEIDINGGEWENDE ROL VAN INEENGEWEEFDE SAMELEWING STRUKTURE
Omdat dit alles binne een omvattende organisasievorm geskied, tree die geheel van die samelewing telkens in verskillende hoedanighede op. As geheel word ekonomiese bedryfsaktiwiteite verrig (jag, landbou en veeboerdery), word kulties-godsdienstige handelinge gesamentlik volvoer, word politieke aktiwiteite uitgevoer, en so meer. Elkeen van hierdie ongedifferensieerde aktwiteite tree as tipiese "uitstulpinge" na vore.
In plaas daarvan dat 'n spesifieke funksionele stempel hierdie ineengeweefde optrede begelei, tree die geheel (ongedifferensieerd) op asof dit nou 'n ekonomiese bedryf is, dan asof dit 'n staat is en dan weer asof dit 'n kulties-godsdienstige verband is. In hierdie sin was die oorspronklike Romeinse reg, die ius civile, byvoorbeeld nog 'n ongedifferensieerde stamreg gewees. Hierdie aanvanklike "volksreg" (ius civile) was nog volledig ingebed in die stamkultuur wat geïmpliseer het dat die juridiese status van 'n persoon volkome afhanklik was van lid-maatskap aan die Romeinse populous. Vreemdelinge was regteloos tensy aan hulle beskerming deur die pater familias (die oudste manlike lid) verleen is. Vreemdelinge (perigrini) was regteloos (exlex, hostis) en kon geen politieke of siviele regte onder die gelding van die ius civile bekom nie.
4. VAN DIE IUS CIVILE NA DIE IUS GENTIUM
Gedurende die bestaan van die Romeinse republiek (ongeveer 753-31 voor Christus) het die reg wat eksklusief vir die Romeine ontwikkel is as die ius civile bekend gestaan. Hierdie Romeinse volksreg het nog sterk aan die ongedifferensieerde stam-agtergrond herinner. Eers namate die Romeinse ryk verder uitgebrei het en daar al hoe meer nie-Romeine binne die ryk opgeneem is, het die ius gentium as vertrekpunt van ons moderne siviele reg ontwikkel. Vir 'n geruime tyd het daar 'n onderskeid tussen cives, Latini, en perigrini bestaan (Latini was 'n kunsmatige klas tussen egte Romeinse burgers en vreemdelinge). Nadat Marcus Aurelius burgerskap-op-versoek moontlik gemaak het was dit Caracalla wat dit vir die hele Romeinse ryk geopen het. Mackenzie skryf: "Finally, Caracalla bestowed the citizenship on all three subjects of the Roman empire"(Mackenzie 1898:79). Hy karakteriseer die ius gentium soos volg: "The jus gentium was a definite system of equitable law, free from technicalities, applying to the legal relations of all free persons" (Mackenzie 1898:77, noot 3).2
Ten spyte van hierdie ontwikkelinge binne die Romeinse reg sou die Middeleeue bly worstel met die voortdurende ongedifferensieerde opset daarvan.
5. HINDERNISSE OP DIE WEG VAN 'N TOENEMENDE SAMELEWINGS-DIFFERENSIASIE
Die Christendom wat oorspronklik in Duitsland aangetref is, verskil van die moderne Christendom in die Weste omdat dit nie soseer betrokke was by die reformasie van sosiale instellinge nie maar veeleer besorg was oor die lewe van heilige persone en oor die kloosterwese wat 'n gerigtheid op die geestelike onttrekking van die tydelike wêreld besit het. Maar afgesien van die kloosterwese was die kerk as organisasie feitlik nog geheel en al geïntegreerd met die sosiale, politieke en ekonomiese lewe.3 Wat die regslewe ("folklaw") gedurende die Middeleeue betref, was dit tot in die laaste gedeelte van die elfde eeu steeds stam-georiënteerd en lokaal, vermeng met enkele feodale elemente (Berman 1983:68).
Hoewel gesê sou kon word dat daar toenemend gedurende die Middeleeue 'n differen-siëring of vertakking tussen die wêreldlike (sekulêre) en kerklike sfere ontstaan het, het dit nie daartoe aanleiding gegee dat hierdie twee sfere onderskeie van sosiale kontrole was nie. Afgesien daarvan dat die sekulêre reg, soos pas vermeld, nog nie van die stamreg asook lokale en feudale gebruike losgewikkel was nie, het ook die kerkregtelike reëlings die hele kerklewe deurstrengel sonder enige tekens van sentralisering.4
Berman (1983:68) wys vervolgens op die talle regsleemtes wat daar gedurende die tydperk voor die tweede helfte van die elfde eeu bestaan het. Daar was nie 'n erkenning van reg as 'n onderskeie "liggaam" van reëls nie. Ook was daar nie skole vir regsopleiding nie terwyl daar tegelyk 'n gebrek aan regstekste was wat die basiese regskategorieë behandel het.5
6. DIE ONTLUIKENDE MAGSTRYD TUSSEN DIE POUS EN DIE KEISER
Die keiserlike pousdom van Bisantium (die Oos-Romeinse ryksgedeelte) is grootliks onderskeie van die magstryd tussen Pous en Keiser, wat in die Westelike deel van die Ryk afgespeel het. Die pouslike strewe om uiteindelik 'n kerkstaat te vestig, sou ewegoed 'n beroep kon doen op Augustinus en Galasius. Dit is betekenisvol dat die imperator Theodosius I (379-395) homself in 390 aan die boetedoening van die kerk, wat deur Biskop Ambrosius aan hom opgelê is, onderwerp het (Servatius 1977:43). Dit sou egter die siening van Pous Galasius (492-496) wees wat gedurende die volgende 600 jaar die samelewingsontwikkeling sou rig.
Tog was dit teen 800 duidelik dat Karl die Grote in werklikheid daarna strewe om die wêreldlike mag oor die kerk te laat heers. Karl die Grote het homself as die "ampsman van God" (res et sacerdos) beskou en daarmee slegs verder die mag van die Sacrum Romanum Imperium (die Heilige Romeinse Ryk) oor die kerk bevestig (vgl. Stüttler 1969:28). Die kerklike maghebbers sou desnietemin daarvoor sorg dat hierdie magsposisie nie onaangetas bly nie.
7. OP WEG NA DIE POUSLIKE OPPERGESAG
Uit 'n brief van Pous Gregorius VII (15 Maart 1081) aan Biskop Metz blyk tewens dat die stryd gepaard sou gaan met 'n wesenlike demonisering van die mag van keisers en prinse:
Who does not know that kings and princes are sprung from those who unmindful of God, urged on, in fact, by the devil, the prince of the world, and by pride, plunder, treachery, murders and by almost every crime, have striven with blind cupidity and intolerable presumption to dominate over their equals, that is to say over men? (Ehler & Morall 1954:33).
Kontrasteer dit met die verstommende positiewe waardering van owerheidsgesag in die Romeinse ryk ten spyte van die Christen-vervolging van keisers soos Nero (regeertyd 54-68 n.C.) en Domitianus (81-96) - wat in 'n gebed van 96 na Christus vervat is. Die invloed van Paulus se waardering van gesag as God-gegewe is opvallend ("Herrschergewalt hast Du ihnen gegeben"). Die gesag waarmee die owerheid beklee is kan daarom nie as inherent sondig waardeer word nie. Die maghebbers word immers opgeroep om hul God-gegewe gesag korrek te gebruik: "Lenke ihren Sinn, o Herr, auf das, was gut ist und wohlgefallig vor Deinem Angesicht, dass sie die von Dir verliehene Macht in Frieden und Sanfmut führen gottfürchtigen Sinnes, und so teilhaft werden Deiner barmherzigen Güte". Dit is opvallend dat die koningmetafoor op God toegepas word: "Du, o Herr, himmlischer König der Ewigkeit".6
8. DIE LEER VAN "TWEE SWAARDE"
Reeds 'n paarjaar vroeër kom ons egter die beroemde "twee-swaarde"-leer teen in die reaksie van Henry IV op sy eerste afsetting en ekskommunikasie (Februarie 1076). Henry IV voer aan dat Hildebrand hom van sy koninklike mag wou beroof: "this he did because he saw that I wanted to hold my rule from God and not from him who had not constituted me king; at the same time he menaced me that he would take away from me my kingdom and my soul, neither of which he had granted" (Ehler 1954:46).
Henry IV beveg hierdie onreg met 'n beroep op die gegewe dat dit 'n goddelike instelling is dat die koninkryk en die priesterdom, synde twee, in die hande van twéé moet wees - dit beliggaam sy beroemde "twee swaarde"-leer:
The saviour Himself imitated this symbolically in His Passion as the meaning of the sufficiency of the two swords. When they told Him: 'Behold, Lord, here are two swords,' He replied: 'It is enough.' He meant by this sufficing duality that a spiritual and a carnal sword has to be wielded inside the Church by which all the harmful things should be cut off and amputated; by the sacerdotal sword, namely in order that the king, for God's sake, should be obeyed; by the royal one in order that the external enemies of Christ should be defeated and that internally all people should be bound to obey the priesthood. (sien Ehler 1954:46)
In die jaar 1158 het Frederik I Barbarossa die onafhanklikheid van die keiserlike hoogheid teenoor die kerk bepleit - 'n siening wat via Karl die Grote teruggryp na die keiserlike missie van die antieke Romeinse keisers. Uit die jaar 1157 besit ons 'n omskrywe van hom in verband met die aard van die keiserlike gesag waarin hy pertinent beklemtoon dat hierdie gesag onafhanklik en alleen aan God verantwoording verskuldig is.
In 1075, na 'n kwarteeu se agitasie en propaganda, het die kerk by monde van pous Gregorius VII aanspraak gemaak op die pouslike oppergesag oor die hele kerk en tegelyk beweer dat die pous die uiteindelike heerskappy oor sekulêre sake besit, insluitend die bevoegdheid om keisers en konings te onttroon. Die Saksiese keiser Henry IV het vir 'n oorlog tussen die keiserlike en pouslike magte gekies wat sporadies tot 1122 met die vrede van Worms geduur het. Die aartsbiskop van Canterbury, Thomas Becket (ongeveer 1118-1170), is in 1170 deur 'n aantal ridders van koning Henry II, te midde van 'n stryd oor die regte van die kerk, doodgemaak.
9. DIE GEKONTINUEERDE INEENGESTRENGELDHEID VAN KERK EN SAMELEWING
Voor die laaste gedeelte van die elfde eeu was die geestelike stand van die Westerse Christendom, gesetel in biskoppe, priesters en monikke, veel meer ondergeskik aan die gesag van keisers, konings, leidinggewende en feodale here as aan die pous, onder meer omdat die die meeste van die kerk se eiendom aan hierdie selfde keisers, konings en feodale here behoort het (Berman 1983:88).
Die wederkerige ineengeweefdheid van polities-ekonomiese en kerklike aktiwiteite demonstreer die relatief ongedifferensieerde samelewingstoestand. Die kerk was tewens onderworpe aan die kontrole van leidende leke terwyl keisers en konings kerklike konsilies kon saamroep en bevoeg was om kerkreg te promulgeer. Tegelyk het biskoppe en ander prominente leke sitting in regeringsliggame gehad, plaaslik, baroniaal en koninklik of rojaal. Die bisdom was dikwels 'n hoofagent van burgerlike administrasie terwyl biskoppe omgekeerd dikwels lede van die feodale hiërargie was. Biskoppe was deur keisers en konings toegerus sowel met siviele en feodale gesag as met kerklike gesag. Berman konkludeer:
Thus there was a fusion of the religious and political spheres. A dispute over the jurisdiction of a bishop might end up at Rome or in a regional synod, but it might also end up in the court of a king or of the emperor. (Berman 1983:88)
Die aanvanklike poging om die gesag van die keiser van die kerk los te maak sou egter toenemende teenstand ondervind. Ten tye van Pous Innocentius III aan die begin van die 13de eeu was dit duidelik dat die Pouslike mag 'n hoogtepunt bereik het. Die besondere persoonlikheid en statuur van hierdie Pous het sekerlik daartoe bygedra. In sy brief Sicut universitatis formuleer hy sy siening rakende die verhouding tussen die "geestelike" en die "tydelike" mag. Hy doen dit met gebruikmaking van die beeld van die son en die maan:
Just as God, founder of the universe, has constituted two large luminaries in the firmament of Heaven, a major one to dominate the day and a minor one to dominate the night, so he has established in the firmament of the Universal Church, which is signified by the name of Heaven, two great dignities, a major one to preside - so to speak - over the days of the souls, and a minor one to preside over the nights of the bodies... Both these powers or leaderships have their seat established in Italy, which country consequently obtained the precedence over all provinces by Divine disposition. (Ehler 1954:73)
Dit is opvallend dat beide "magte" tans binne die ruimte van die "universele kerk" bedink word. Aanstons sou hierdie opvatting binne die geledere van die "wêreldse" mag weerklank vind. In 1232 skryf keiser Frederik II in 'n brief aan Pous Gregorius IX dat priesterdom en keiserdom slegs met betrekking tot die woord wat dit aandui geskei is - in die werking daarvan is dit verenig: "In waarheid bestaan daar twee swaarde, maar een en dieselfde moederkerk, die voortbrenger van ons geloof, is die skede vir beide" (Borst 1966:41).
Nogtans het Karl die Grote en sy nakomelinge nie soos Caesar met behulp van 'n ryksburokrasie oor hul ondergeskiktes regeer nie onder meer omdat daar nie rykstede soortgelyk aan Rome en Konstantinopel bestaan het nie. Die keiser was gevolglik deurlopend op reis in sy ryk met twee take wat steeds prominent was: (i) die politieke taak om die mag van die stam en streeksleiers te konsolideer teen moontlike vyande en (ii) die geestelike taak om die Christelike geloof van die ryk staande te hou teen 'n terugkeer tot paganisme. Hieruit blyk dit dat die ryk nog nie 'n geografiese entiteit was nie. Veeleer was dit 'n militêre en geestelike gesag wat eers teen 1034 as die Romeinse Ryk aangedui is en vanaf 1254 as die Heilige Romeinse Ryk (Berman 1983:89).
10. DIE POUSLIKE REVOLUSIE - 'N VERTREKPUNT VIR DIFFERENSIASIE
Gedurende die laaste dekades van die elfde eeu het die pousdom historiese gegewens gesoek ter ondersteuning van die pous se opperheerskappy oor die geestelikheid en selfs die hele sekulêre vertakking van die samelewing. Die pouslike groepering het die ontwikkeling van 'n wetenskap van die reg aangemoedig omdat dit in diens sou kon staan van die uitvoering van die bogemelde beleidsoogmerke. Terselfdertyd sou ook die imperiale geleding antieke tekste ondersoek wat ondersteuning kon bied teen pouslike usurpasie. Die probleem was egter dat daar nog nie 'n toereikende differensiasie tussen kerk en samelewing gerealiseer het nie en dat daar dus ook nog nie 'n juridiese forum bestaan het waartoe nog die pousdom, nog die imperiale gesag hulle kon wend nie. Die enigste moontlikheid was 'n konfrontasie tussen die pous en die keiser (Berman 1983:95).
Die pouslike revolusie waarvan Berman praat, het vanaf die laaste dekades van die elfde eeu tot aan die begin van die veertiende eeu geduur. Dit het 'n tweevoudige uitwerking beleef. Enersyds het dit tot die totalitêre magsaansprake van die Roomse kerk gelei en andersyds het dit die eerste vertrekpunte gebied vir 'n differensiasie van die middeleeuse samelewing.
11. DIE KULMINASIEPUNT VAN DIE POUSLIKE MAGSTREWE HET TEGELYK TOT DIE UITEENBREKING VAN DIE KERKLIKE EENHEIDSKULTUUR GELEI
Die omvattende magstrewe van die Rooms-Katolieke kerk sou sy hoogtepunt in die beroemde pouslike geskrif Una Sancta (1302) vind - en tegelyk het dit tot die uiteenbreking van die kerklike eenheidskultuur gelei. Nie alleen demonstreer dit die voortdurende stryd wat daar tussen die vermeende kompetensiesfere van die "twee magte" bestaan het nie, want Kates merk treffend op: "The opening of the fourteenth century saw the duel between Boniface VIII and Philip the Fair; between John II and Louis of Bavaria, or rather his spokesman, Marsilius of Padua" (Kates 1928:8). Pous Bonifasius VIII het gereageer op die feit dat koning Philip die Franse geestelikes belas het sonder 'n voorafgaande ooreenkoms met Rome. Hierdie handeling het volgens hom inbreuk gemaak op die kerk se vryheid van kontrole deur die "wêreld". Van die kant van die keiser demonstreer dit egter die konstante onwilligheid van die "wêreldlike mag" om in die sogenaamde sekulêre aangeleenthede 'n ondergeskiktheid aan die Pous te aanvaar. Bonifasius verenig weliswaar die "twee-swaarde"-leer op 'n wyse wat nog groter mag aan die kerk toeken, want volgens hom het God - as die Oorsprong van alle geestelike en tydelike mag - die twee swaarde beide aan die kerk gegee:
If therefore, the earthly power errs, it shall be judged by the spiritual power; if the lesser spiritual power errs, it shall be judged by the higher, competent spiritual power; but if the supreme spiritual power errs, it could be judged solely by God, not by man. (Ehler 1954:92)
Nie alleen proklameer Bonifacius hiermee 'n deurslaggewende gesag aan die kerk met betrekking tot alle "aardse" sake nie, want hy gaan self so ver om te beweer dat buite om die Roomse pousdom geen saligheid verwerf kan word nie:
Consequently we declare, state, define and pronounce that it is altogether necessary to salvation for every human creature to be subject to the Roman Pontiff. (Ehler 1954:92)
Die keersy van hierdie pouslike revolusie, gesien in sosio-ekonomiese terme, is volgens Berman (1983:100) in die reaksie en stimulus wat dit gebied het vir 'n enorme uitbreiding van produksie en handel asook van die verskyning van duisende nuwe stede en dorpe te sien. Vanuit 'n kulturele en intellektuele perspektief beoordeel, het die pouslike revolusie gedien as dryfveer vir die ontstaan van die eerste Europese universiteite, vir die verskyning van die teologie, die regswetenskap en die filosofie as sistematiese dissiplines, vir die skepping van nuwe literêre en artistieke style, asook vir die ontwikkeling van 'n nuwe sosiale bewussyn.
Dit is derhalwe duidelik dat die vertrekpunt van 'n betekenisvolle proses van differensiëring eers teen die einde van die elfde eeu na vore sou tree. Die Roomse kerk het ontwikkel tot die relatief-gedifferensieerde bobou van die samelewing met die staat as omvattende relatief ongedifferensieerde onderbou daarvan. Dit sou lei tot die uiteindelike allesinsluitende mag van die Roomse kerk, wat toereikende grond daarvoor bied om die lewensomvattende greep wat die Roomse kerk op die hele samelewing gehad het, soos ons hierbo gedoen het, as die Middeleeuse kerklike eenheidskultuur aan te dui. Dit het op die verkerkliking van die samelewing neergekom. Ons het tewens gesien dat die beroemde kerklike bul van Pous Bonafasius VIII uit die jaar 1302 (die Una sancta), pertinent stel dat daar buite die Roomse kerk geen saligheid is nie.
12. OORGANG NA DIE MODERNE ERA - DIE RESENTE HERKOMS VAN DIE TERM "STAAT"
Binne die konteks van die Griekse kultuur het Plato oor die aard van die "Politeia" nagedink terwyl Aristoteles in sy "Politica" oor die menslike samelewing besin het. Met hierdie terme het hulle na die polis (stadstaat) verwys, wat in die Middeleeue as 'n ryk (regnum) of koninkryk aangedui is. Die term "staat" sou immers eers teen die einde van die agtiende en begin van die negentiende eeue na vore tree - en saam daarmee 'n sterker bewussyn van die publiek-regtelike aard van die staat, naamlik dat dit gaan om die "saak van die publiek" (die "res publica").
Teen die begin van die veertiende eeu het denkers soos Willem van Ockham, Jean van Jandun en Marsilius van Padua die magsposisie van die Roomse kerk begin ondergrawe. Daarmee is 'n proses begin wat tot die uiteenbeweeg van kerk en staat sou lei, dit wil sê tot die vertakking (differensiëring) van die samelewing. Daardeur het verskillende samelewingsfere hul toenemend aan die kerk ontstrengel. Dit het uitgeloop op gedifferensieerde samelewingsfere soos kunsuitinge, wetenskapsbeoefening (universiteite), skole, ekonomiese handel en verkeer, die industriële omwenteling (die differensiëring van gesin en bedryf) en natuurlik die ontstaan van die moderne staat.
13. BODIN: SY ONGEDIFFERENSIEERDE OPVATTING VAN SOEWE-REINITEIT
Hoewel Jean Bodin die idee van soewereiniteit as tiperend vir die staat ingevoer het, was sy siening daarvan ongedifferensieerd en totalitêr. Enersyds is hy beïnvloed deur Ockham se opvatting van God se despotiese willekeur (potestas Dei absoluta) en andersyds deur die leerstuk van 'n klassieke Romeinse juris, Ulpianus (170-228 AD), wat meen dat die monarg bo die wet verhewe is: "Princeps legibus solutus est". Dit beliggaam die klassieke formule van politieke absolutisme waarvolgens soewereiniteit nie alleen absoluut nie, maar ook ondeelbaar is. Binne 'n koninkryk was owerheidsgesag bykomend 'n gegewe wat tot die privaat vermoë van die vors of koning behoort het, 'n besitting wat verhandel kon word (gekoop en verkoop as 'n handelsitem, as 'n "res in commercio") - dit was gevolglik nog nie gesien as 'n publiekregtelike amp nie. Bodin (1981) self verdedig volgens Mayer-Tasch (1981:35) die "klassieke formule van die juridies-politieke absolutisme".
14. DIE PUBLIEKREGTELIKE AARD VAN DIE STAAT
Om egter die "saak van die publiek" te behartig moes daar, soos pas vermeld, naas en in onderskeiding van die staat verlerlei niestaatlike samelewingsvorme in die differensiëring van die samelewing na vore tree. Hierdie niestaatlike samelewingsinstellings - waaronder kerke, gesinne, bedryfsondernemings, kultuurgemeenskappe, taalgemeenskappe, sosiale verenigings, skole en universiteite - verteenwoordig groeperinge met hul eie en onderskeie regs-belange. Sonder hierdie veelheid (niestaatlike) regsbelange word die regshandhawingstaak van die staat inhoudloos.
Wie daarom oor die aard van burgerskap nadink, vra nie aan watter godsdienstige denominasie 'n persoon behoort nie, wat die sosiale stand van so 'n persoon is nie, of 'n persoon ryk of arm is nie, aan watter kultuurgemeenskap (volk) so 'n persoon behoort nie, of die geslag van die persoon manlik of vroulik is nie, en so meer. Burgerskap sien eenvoudig af van alle niestaatlike lewensverbintenisse - staatsregtelik word bloot gelet op die afstam-mingsrelasie (is die betrokke persoon die kind van ouers wat burgerskap besit) of die plek van geboorte (is die persoon op die territorium van die betrokke staat gebore). Tegelyk besit die owerheid van 'n regstaat (soos Suid-Afrika), die taak om na die regsbelange om te sien wat voortvloei uit die niestaatlike verbintenisse van sy burgers.
Die regstaat word tewens gestempel deur die verskansing van politieke vryhede, siviele (persoonlike) vryhede en samelewingsvryhede.
Die staat is wel - binne die openbare sfeer (die domein van die publieke reg) - daartoe geroepe om 'n universeel-juridiese saambinder van regsbelange te wees. Die sfeer van die publieke reg is 'n egte ius commune wat alle burgers op die staat se grondgebied (territorium) juridies (en nie totalitêr nie) saambind in een openbare regsorde.
Tegelyk moet gehandhaaf word dat reg nooit eksklusief staatlik van aard kan wees nie, want elke niestaatlike samelewingsvorm funksioneer op 'n tipies-onderskeie wyse ook in die regsaspek van die werklikheid. Daarom kan onderskei word tussen die publieke regsfeer van die staat aan die een kant (insluitend staatsreg, administratiewe reg, strafreg, strafprosesreg en internasionale publieke reg) en die keersy daarvan, naamlik die interne reg van elke nie-staatlike samelewingsvorm (dink bloot aan die interne huweliks- en gesinsreg, die interne reg van godsdienstige denominasies, akademiese instellings, bedrywe, sport klubs en so meer). Elkeen van hierdie niestaatlike lewensvorme word deur 'n ánder kringsoewereine werklikheids-aspek gestempel wat verseker dat dit nie as deel van die staat gesien kan word nie. Anders gestel: die begrensing van die staat tot die integrering van regs-belange beteken dat die staat nie tegelyk ook geroepe is om byvoorbeeld geloofsbelange saam te snoer nie (asof die staat 'n groot geloofsverband is nie), of om ekonomiese belange te integreer (asof dit 'n makro-bedryf is nie), en so meer.
Die staat kan gevolglik bloot erkenning aan hierdie oorspronklike niestaatlike bevoegdhede verleen aangesien hulle nie dele van die staat is of uit die struktuurbeginsel van die staat afgelei kan word nie. Hierdie insig vorm die basis van die erkening wat aan differensiasie verleen word. Dit bring ons terug by die situasie in Suid-Afrika.
15. STRUKTURELE DIFFERENSIASIE EN RIGTINGDIFFERENSIASIE
Strukturele differensiasie geskied byvoorbeeld op grond van geslag (meisieskole en seunskole), en op grond van taal (Afrikaanse skole, Engelse skole, Sotho skole, Zoeloe skole).
Die vraag is egter: Waarom kan selfs publieke skole nie ook lewens- en wêreldbeskoulike differensiasie beliggaam in die vorm van Protestants-Christelike skole, Roomse skole, Moslem skole, Humanistiese skole en ateïstiese skole nie? In hierdie geval handel dit oor lewensbeskou-like differensiasie op grond van alternatiewe rigting-keuses (lewensoortuigings). In 'n artikel oor godsdiens op skool vermeld Leopold Scholtz die ooreenkoms wat in Nederland na vore getree het: "Volgens die ooreenkoms kan elke skool sy eie oortuiging bepaal. En dus kry jy Protestantse, Katolieke, sekulêre en deesdae selfs Islamitiese skole ... Die staat finansier alles en bepaal die akademiese peil wat skole moet handhaaf. Dit het in die laaste jare verskeie kere gebeur dat die staat Islamitiese skole gesluit het omdat hul onderwys eenvoudig onvoldoende was" (Scholtz 2017:6).
Een van die hoofbesware hierteen is die agterhaalde positivistiese siening dat wetenskap (verskraal tot fisika en desnoods wiskunde en biologie) objektief en neutraal is. Die blote feit dat elke vakwetenskap wat in skoolvakke gereflekteer word, 'n geskiedenis het, weerlê weliswaar die vermeende neutraliteit daarvan.
Aangesien 'n lewens- en wêreldbeskouing lewensomvattend is, behoort individue en samelewingsvorme toegelaat te word om hul persoonlike en kollektiewe (lewensbeskoulike) vryheid ongehinderd uit te leef. Geen wet behoort gevolglik inbreuk te maak op hierdie vryheid nie. Wanneer die owerheid van 'n regstaat ondersteuning en finansiering aan 'n bepaalde samelewingsvorm bied, mag dit gevolglik nie omvorm word tot beheer en eienaarskap nie.
Wie "Christelik" verskraal tot "kerklik-institutêr" of "godsdiens in enger sin", het nog nie ontkom aan die Roomse verkerkliking van die lewe nie. 'n Skool is nie 'n kerk, moskee of sinagoge nie en kan ook sonder godsdiensoefening, wat origens tuis of in 'n geloofsverband plaasvind, nog steeds Christelik wees. Dit kan geskied op grond van 'n eie en onderskeie wetenskaplike oortuiging, in onderskeiding van 'n geloofsoortuiging.
Wanneer 'n skool derhalwe sy vakonderrig vanuit 'n Christelike werklikheidsperspektief aanbied (sonder om enige vakkundige minimum-standaarde of uitkomste te skend), oortree dit nie enige wet nie. Bowendien word van kinders op skool verwag om allereers die leerinhoud van vakke te ken, selfs al sou hulle nie met alles wat aan hulle voorgehou word saamstem nie. Uit praktiese (geografiese) oorwegings sal Christelike skole daarom ook nie-Christelike leerders toelaat.
Waar Jean Jacques Rousseau nog uit die huis van die klassieke radikale humanisme wou vashou aan 'n burgerlike godsdiens, vind ons vandag geleerdes wat openlik hul ateïsme as 'n outentieke geloofsoortuiging verdedig.
Rousseau (1966:114) stel 'n siviele godsdiens met eenvoudige dogmas voor:
The dogmas of civil religion ought to be simple, few in number, stated with precision, and without explanations or commentaries. The existence of the Deity, powerful, wise, beneficent, prescient, and bountiful, the life to come, the happiness of the just, the punishment of the wicked, the sanctity of the social contract and of the laws; these are the positive dogmas.
Die onderliggende totalitêre inslag hiervan blyk uit sy opmerking op dieselfde bladsy, naamlik dat "ongelowiges" selfs met die dood gestraf moet word:
Without having power to compel any one to believe them, the sovereign may banish from the State whoever does not believe them; it may banish him not as impious, but as unsociable, as incapable of sincerely loving the law, justice and of sacrificing, if need be, his life to his duty. But if any one, after publicly acknowledging these dogmas, behaves like an unbeliever in them, he should be punished with death; he has committed the greatest of crimes, that of lying before the law.
'n Kontemporêre ateïs, George Klein, stel egter pertinent dat sy ateïsme nie op wetenskap gebaseer is nie, maar op sy geloofsoortuiging berus - wat sekerlik by 'n Humanistiese skool sou pas. Die aantyging dat hy 'n agnostikus is wys hy af met die opmerking:
I am not an agnostic. I am an atheist. My attitude is not based on science, but rather on faith... The absence of a Creator, the non-existence of God-is-my-childhood-faith, my adult belief, unshakable and holy (aangehaal deur Lennox 2007:34).
16. SLOTOPMERKING
Die klem wat in hierdie artikel op die historiese agtergrond van ons samelewingsvryhede gegee word, belig die moeisame ontstrengelingsgeskiedenis vanuit tradisionele (ongedif-ferensieerde) samelewings tot by moderne gedifferensieerde samelewings. Die middeleeuse worsteling om die sfere van staat en kerk tot hul reg te laat kom het die weg vir die uiteindelike opkoms van die moderne regstaat gebaan. Deurslaggewend was die uitkristallisering van 'n verskeidenheid niestaatlike samelewingsvorme want dit lewer aan 'n gedifferensieerde samelewing die veelheid regsbelange wat deur die staatlike owerheid in een openbare regsorde saamgesnoer moet word en telkens regsherstel moet bewerkstellig wanneer regskending sou plaavind. Sodra die staat enigeen van hierdie niestaatlike vryheidsfere sou usurpeer word die hoekpilare van die regstaat ondergrawe. Persoonlike en kollektiewe godsdiensvryheid word daarom deur die ongeskonde voortbestaan van niestaatlike samelewingsvryhede geborg. Dit behoort ook in lewensbeskoulke verband erkenning te ontvang, byvoorbeeld deur naas geslags- en taalverskille ook lewensbeskoulike verskille as basis van skoolvorming aan te wend, met name in die strewe om ook op skoolvlak rigtingoriëntasies toe te laat. Sonder die nodige samelewingsdifferensiasie sal niks hiervan egter moontlik wees nie.
BIBLIOGRAFIE
Berman, H.J. 1983. Law and Revolution. The Formation of the Western Legal Tradition, Volume I. Cambridge, MA: Harvard University Press. [ Links ]
Bodin, J. 1983. SechsBücher über den Staat, Buch I-III. Übersetzt und mit Anmerkungen versehen von Bernd Wimmer, Eingeleitet und herausgegeben von P.C. Meyer-Tasch. München: Verlag C.H. Beck. [ Links ]
Borst, A.1966. Der mittelalterliche Streit um das weltliche und das geistliche Schwert. In: Staat und Kirche im Wandel der Jahrhunderte, Red. W.P. Fuchs, Mainz 1966 [ Links ]
Denzler, G. (Red.) 1977. Kirche und Staat auf Distanz, München: Kösel. [ Links ]
Ehler, S. & Morrall, J.B. (vertalers en uitgewers). 1954. Church and State Through the Centuries, A Collection of Historic Documents with Commentaries, London. [ Links ]
Kates, P. 1928. The Two Swords, Washington. [ Links ]
Lennox, J.C. 2007. God's Undertaker, Has Science Buried God? Oxford: Lion. [ Links ]
Mackenzie, Lord. 1898. Studies in Roman Law with Comparative Views of the Laws of France, England, and Scotland. Seventh edition, edited by J. Kirkpatrick. Edinburgh: William Blackwood & Sons. [ Links ]
Mayer-Tasch, P.C. 1981. Einführung in Jean Bodins Leben und Werk. In: Bodin, J. (1981). [ Links ]
Rahner, H.1961. Kirche und Staat in frühen Christentum, Dokumente aus acht Jarhhunderten und ihre Deutung, München. [ Links ]
Rousseau, J.J. 1966. The Social Contract and Discourses, translated by G.D.H. Cole, London: Everyman's Library. [ Links ]
Scholtz, L. 2017. Godsdiens op Skool kán werk. Die Volksblad, 12 Julie, 2017, bladsy 6. [ Links ]
Servatius, C. 1977. Kirche und Staat im Mittelalter. Auf dem Wege nach Canossa, in. Denzler 1977. [ Links ]
Strauss, D.F.M. 2015. Die nuwe bedreiging van samelewingsvryhede: 'n terugkeer tot Christenvervolging? Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Jaargang 55(3):278-292) September 2015 doi.10.17159/2224-7912/2015/v55n3a7 . [ Links ]
Stüttler, J.A. 1969. Kirche und Staat auf Distanz, Pattloch. [ Links ]
The High Court of South Africa, Decision 27/6/2017, Gauteng Local Division, in the matter between: "organisasie vir godsdienste-onderrig en demokrasie" and eight respondents. [ Links ]
Danie Strauss word in 1971 as senior lektor in Wysbegeerte aan die destydse UOVS aangestel. Vanaf Januarie 1976 is hy bevorder tot medeprofessor en in Oktober 1977 word hy aangestel as professor en hoof van die Departement Wysbegeerte aan die UOVS. In 1994 vertrek by na Kanada waar hy as eerste Direkteur van die Dooyeweerd Centre die publikasie van die ver-samelde werke van Herman Dooyeweerd in Engels van stapel stuur. Hy keer in 1997 terug na Suid-Afrika en vanaf April 1998 tot 31 Desember 2001 ageer hy as Dekaan van die nuwe Fakulteit van Geesteswetenskappe aan die UVS. Benewens 15 selfstandige publikasies, 42 internasionale konferensievoordragte en 20 bydraes tot ver-samelde werke het meer as 300 vakartikels in nasionale en internasionale tydskrifte uit sy pen verskyn. In 2005 is 'n werk oor die wysgerige grondslae van die moderne natuurwetenskappe deur die Duitse Uitgewer Peter Lang gepubliseer, Paradigmen in Mathematik, Physik und Biologie und ihre philosophische Wurzeln (216 pp.) (Frankfurt am Main). In 2006 het 'n werk oor die sosiologie ook by Peter Lang verskyn - Reintegrating Social Theory - Reflecting upon human society and the discipline of sociology (310 pp.) (Oxford: New York). In 2009 het sy werk, Philosophy: Discipline of the Disciplines by Paideia Press, Grand Rapids, USA verskyn (715 pp.). In 2011 is dit in Amsterdam deur die Stichting Reformatorische Filosofie beloon as die mees omvattende uitbouing van die sistematiese erfenis van hierdie filosofie. Sedert 2013 is Danie Strauss Navorsingsgenoot by die Skool vir Filosofie, Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus.
Danie Strauss was appointed as senior lecturer in Philosophy at the then University of the Orange Free State (UOFS) in 1971. He was promoted to associate professor in January 1976 and in October 1977 he became professor and head of the Department of Philosophy at the UOFS. In 1994 he went to Canada, where as the first Director of the Dooyeweerd Centre, he initiated the publication of the collected works of Herman Dooyeweerd in English. He returned to South Africa in 1997 and from 1 April 1998 to 31 December 2001 he was Dean of the new Faculty of Humanities at the UFS.Apart from 15 independent publications, 42 international conference papers and 20 contributions to collected works, he has published more than 300 articles in national and international journals. In 2005 his work on the philosophical foundations of the modern natural sciences was published by Peter Lang Publishers - Paradigmen in Mathematik, Physik und Biologie und ihre philosophische Wurzeln (216 pp.) (Frankfurt am Main). In 2006 Peter Lang published his work Reintegrating Social Theory - Reflecting upon human society and the discipline of sociology (310 pp.) (Oxford New York). In 2009 his work, Philosophy: Discipline of the Disciplines was published by Paideia Press, Grand Rapids, USA (715 pp.). In 2011 this book received the award for work in the fields of systematic philosophy or the history of philosophy for advancing the cause of the "Philosophy of the Cosmonomic Idea". Since 2013 Danie Strauss is a Research Fellow at the School of Philosophy, North West University, Potchefstroom Campus, South Africa.
1 Die perspektief wat hierdeur geartikuleer word belig die agtergrond van wat in Strauss (2015) na vore gebring is.
2 Berman wys daarom tereg daarop dat die "jus gentium" nie op nie-Romeine van toepassing was nie: ("[not] applicable to those who were not Roman citizens" - Berman, 1983:339).
3 In die woorde van Berman: "The highest Christian ideals in the first thousand years of church history, both in the East and in the West, were symbolized above all by the lives of holy men and by monasticism, with its emphasis on spiritual withdrawal from the temporal world. But apart from monasticism, the church as an organization was almost wholly integrated with the social, political, and economic life of society" (Berman 1983:63).
4 "Lacking, however, in both the secular and the ecclesiastical spheres, was a clear separation of law from other processes of social control and from other types of intellectual concern. Secular law as a whole was not 'disembedded' from general tribal, local, and feudal custom or from the general custom of royal and imperial households. Similarly, the law of the church was largely diffused throughout the life of the church throughout its structures of authority as well as its theology, its moral precepts, its liturgy and it, too, was primarily local and regional and primarily customary rather than centralized or enacted" (Berman 1983:85).
5 Dink aan regsterme soos "jurisdiction, procedure, crime, contract, property, and the other subjects which eventually came to form structural elements in Western legal systems. There were no developed theories of the sources of law, of the relation of divine and natural law to human law, of ecclesiastical law to secular law, of enacted law to customary law, or of the various kinds of secular law feudal, royal, urban to one another" (Berman 1983:85).
6 Die volledige gebed lees: "Gibt, o Herr, Eintracht und Frieden uns und allen, die auf der Erde wohnen, wie Du sie gegeben hast unseren Vatern, da sie heiligen Sinnes Dich anriefen in Glauben und Wahrheit. Lasst uns gehorsam sein Deinem allmachtigen und herrlichen Namen, unseren Herchern und Führern auf Erden. Herrschergewalt hast Du ihnen gegeben, o Herr, Kraft Deiner hochherrlichen, unsagbaren Macht, damit wir erkennen die Herrlichkeit und Ehre, die Du ihnen verliehen hast, und wir ihnen untertan seien, in nichts Deinem Willen zuwider. Verleihe ihnen, o Herr, Gesundheit und Frieden, Eintracht und Stetigkeit, damit sie untadelhaft führen die Herrschaft, die Du ihnen gegeben hast. Denn Du, o Herr, himmlischer König der Ewigkeit, gibst den Söhnen der Menschen Hoheit und Ehre und Macht über die Dinge der Erde. Lenke ihren Sinn, o Herr, auf das, was gut ist und wohlgefallig vor Deinem Angesicht, dass sie die von Dir verliehene Macht in Frieden und Sanfmut führen gottfürchtigen Sinnes, und so teilhaft werden Deiner barmherzigen Güte. Du allein bist machtig, dieser und noch grössere Wohltaten an uns zu wirken, Dich preisen wir durch den Hohenpriester und Führer unserer Seelen, Jesus Christus. Durch ihn sei Dir die Ehre und die Herrlichkeit jetzt und von Geschlecht zu Geschlecht, von Ewigkeit zu Ewigkeit, Amen" (sien Rahner 1961:40-41).
|
<urn:uuid:0014536b-e635-47b3-af98-726ddfcd3817>
|
CC-MAIN-2019-30
|
http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512018000200008&lng=en&nrm=iso&tlng=en
|
2019-07-18T22:19:56Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525829.33/warc/CC-MAIN-20190718211312-20190718233312-00445.warc.gz
|
by
|
4.0
|
a_tag
| false
| false
|
{
"abbr": [
"by",
"by"
],
"in_footer": [
false,
false
],
"in_head": [
false,
false
],
"location": [
"a_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"4.0",
"4.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.998256
| false
|
Umeå
Umeå | |||
Stadhuis van Umeå | |||
Bynaam: ( Björkarnas Stad ("Stad van die ) Berke") | |||
Ligging van Umeå in Swede
Koördinate: Koördinate: | |||
Administrasie | |||
---|---|---|---|
Land | Swede | ||
Provinsie | Västerbotten | ||
Distrik | Västerbotten län | ||
Munisipaliteit | Umeå | ||
Stadstatus | 17de eeu | ||
Oppervlak[1] | |||
- Stedelik | 34,15 km² (13,19 vk m) | ||
Hoogte | 12 m (39 vt) | ||
Bevolking (31 Desember 2010)[1] | |||
- Stad | 79 594 | ||
- Digtheid | 2 331/km² (6 040/vk m) | ||
- Metropolitaans | 111 771 | ||
Tydsone | SET (UTC+1) | ||
- Somer (DST) | SEST (UTC+2) | ||
Poskode | 900 01 – 908 50 | ||
Skakelkode(s) | (+46) 90 | ||
Webwerf: umea.se |
Umeå is stad in die noorde van Swede in die provinsie Västerbotten. Dit is die hoofstad van die gelyknamige provinsie en ook die grootste stad in die Norrland-streek. Die stad beslaan 'n oppervlak van 3415 hektaar en het in 2010 'n bevolking van 79 594 gehad.
Umeå is al vir 'n geruime tyd een van die snelgroeiende stede in Swede. Die stad begin veral in 1965, na die stigting van die stad se universiteit, sterk te groei. Dit groei vandag steeds en 700 tot 800 nuwe wonings word per jaar gebou.[2]
Die stad staan in Swede bekend as die 'berkestad', omdat daar baie lane met berkebome is. Die rivier Ume älv mond naby Umeå in die Botniese Golf uit. Die sokkerklub Umeå IK en die Universiteit van Umeå kan in die stad gevind word.
Verwysings[wysig | wysig bron]
- ( ) "Localities 2010, area, population and density in localities 2005 and 2010 and change in area and population". Statistics Sweden. 29 May 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Januarie 2013.
- ( ) Meer inligting oor Umeå – Umeå kommun
|
<urn:uuid:ca954f56-221b-46e7-9e76-9578dcf375f4>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Ume%C3%A5
|
2019-07-20T05:33:52Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526446.61/warc/CC-MAIN-20190720045157-20190720071157-00045.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.997118
| false
|
Maak hoofkeuseskerm oop
Soek
Wysigings
← Ouer wysiging
Nuwer wysiging →
Meksiko
(wysig)
Wysiging soos op 20:24, 16 Julie 2015
4 grepe verwyder
,
4 jaar gelede
→Deelstate
:
Skakel
|-
| [[Chihuahua (deelstaat)|Chihuahua]]
| [[Chihuahua
,
Chihuahua
(stad)
|Chihuahua]]
| align="center" | 6 Julie 1824
| align="right" | 3 376 062
Oesjaar
Administrateurs
102 895
wysigings
Ontsluit van "
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/1367285
"
|
<urn:uuid:758befc8-5bc4-4392-a8a8-862510fba2b8>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/1367285
|
2019-07-21T10:52:42Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00205.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.989105
| false
|
vuurpyl
Jump to navigation
Jump to search
Inhoud
Enkelvoud | Meervoud |
---|---|
vuurpyl | vuurpyle |
Verkleiningsvorm | |
Enkelvoud | Meervoud |
vuurpyltjie | vuurpyltjies |
- vuur•pyl
- 'n Vorm van aandrywing wat stukrag ontwikkel deur 'n chemiese reaksie wat aanleiding gee tot 'n toename in volume van 'n ingeslote gas, wat gevolglik lei tot 'n toename in druk wat dan 'n straal gas teen hoë spoed uitspuit om gewoonlik gebruik te word as wapen, voertuig of vir vermaak met vuurwerke.
Vertalings: | |||
---|---|---|---|
|
<urn:uuid:b15ef8ff-8a85-49ff-a6ef-fcfaaa107450>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wiktionary.org/wiki/vuurpyl
|
2019-07-22T16:40:58Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528141.87/warc/CC-MAIN-20190722154408-20190722180408-00365.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999569
| true
|
Ryk Hattingh
Andrew Ryk Hitchcock Hattingh is op 26 Julie 1957 in Benoni gebore en matrikuleer daar in 1975. Hy was bekend vir sy avant-garde skryfwerk.
Ryk Hattingh | |
Geboortenaam | Andrew Ryk Hitchcock Hattingh |
---|---|
Gebore | 26 Junie 1957 Benoni |
Oorlede | 10 Oktober 2017 Nieu-Seeland |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Alma mater | Universiteit van Pretoria; Universiteit van die Witwatersrand |
Beroep | Joernalis |
Ander poste, ampte | Sakeman |
Bekend vir | Sy avant-garde skryfwerk |
Huweliksmaat | Marténe Mentis |
Inhoud
Lewe en WerkWysig
Sy pa is ’n prokureur wat oorlede is net voor sy twaalfde verjaarsdag en sy moeder stam uit ’n bekende koloniale familie. Hy spandeer ’n onsuksesvolle jaar aan die Randse Afrikaanse Universiteit waarna hy sy verpligte twee jaar militêre diensplig by die Hondeskool op Voortrekkerhoogte voltooi. Hierna studeer hy verder aan die Universiteit van Pretoria waar hy in 1982 die B.A.-graad voltooi met Afrikaans-Nederlands en Staatsleer as hoofvakke. In hierdie tyd is hy getroud en as die baba doodgebore word, weer geskei. Hy vestig hom dan vir twee jaar op Knysna, waar hy onder andere vir ’n jaar onderrig gee in Afrikaans aan die Hornlee Senior Secondary School in die bruin township buite die dorp en ook in die biblioteek op Plettenbergbaai werk. Wanneer hy terugkeer na Johannesburg behaal hy in 1985 die B.A. Honneurs-graad aan die Universiteit van die Witwatersrand. Hierna werk hy in 1986 as vryskutvertaler en sluit hom in 1987 by Die Vaderland aan. Vanaf Februarie 1989 is hy joernalis by die Vrye Weekblad en daarna uitgewer by Hond Uitgewers, waarna hy die eerste redakteur word van die Afrikaanse pornografiese tydskrif Loslyf. In sy vrye tyd speel hy tromme in ’n progressiewe musiekgroep. Hy bly saam met sy gesin in ’n huis in Kensington in Johannesburg. Wanneer sy gesin die slagoffers is van geweldmisdaad in Suid-Afrika, verlaat hy die land in 1997 en vestig hom saam met sy vrou, Marténe Mentis, en gesin in Auckland in Nieu-Seeland.[1] Hier besit hy die winkel Cobble waar hy skoene regmaak en sleutels maak.
Hy sterf op 10 Oktober 2017 aan 'n hartaanval.
SkryfwerkWysig
Hy is veral bekend vir sy avant-garde skryfwerk, waarin hy bestaande opvattings en konvensies bevraagteken en aanval. Sy werk by Die Vrye Weekblad en Loslyf, wat beide spreek van protes teen die bestel, sit hy voort in sy kuns. Saam met Conrad Botes van “Bitterkomix”-faam, skryf hy byvoorbeeld “Die Foster Bende”, ’n strokiesroman. Sy eerste uitgawes is almal by Taurus, wat in die streng sensuurtydperk werke uitgee waarvoor ander uitgewers nie kans sien nie en hy sit hierdie werk voort by Hond-uitgewers, wat onder andere werke van Koos Prinsloo uitgee. Sy debuut is die novelle “Die tonnel”, waar die hoofkarakter Tomas Johannes van Aarde in opstand kom teen die samelewing, die establishment en burokrasie. Hy is onder andere moeg vir kennisgewings en advertensies wat ongevraag in sy posbus gegooi word en die liefdeloosheid van die kerk en sy amptenare. Vanuit sy slaapkamer begin hy dan om ’n tonnel na vryheid te grawe, waarna die verhaal op surrealistiese manier ontwikkel op ’n wyse wat sterk aan Kafka herinner. “Markus vermoed ’n verhaal” is onortodoks daarin dat die vertelproses self hier die pas aangee en meerdere vertellers karakters voorstel en uit die verhaal uitskryf. Eindelik word dit dan ’n boek oor die relevansie van irrelevansie, geteken met splinters visioene teen die agtergrond van ’n Suid-Afrika gewikkel in ’n burgeroorlog. In die novelle “Ignatius Brand” loop die hoofkarakter se lewe omtrent skeef wanneer hy sy werk verloor, probleme kry met die owerheid binne die apartheidsbestel en sy huwelik misluk. Hy vertrek alleen na Johannesburg, waar drank en politiek sy lewe verder verwoes. Die verhaal word saamgebind deur die simbool van vuur (soos reeds vervat in die hoofkarakter se van), wat beide vernietiging en hernuwing kan bring. Die verhaal dui dus subtiel aan dat die tydsgewrig waarbinne die hoofkarakter hom bevind ten einde loop, met die moontlikheid van hernuwing. Daar is egter geen simplistiese oplossings nie. Hierdie novelle word in 1990 genomineer vir die Rapportprys. “Witskrif” sluit by hierdie boek aan, waar die verteller in los passasies sonder begin, middel en einde brokkies inligting oor sy lewe gee waardeur die banaliteit van sy jeug en sy dwelmverslawing na vore kom. Hierdie inligting kom in verskeie vorms, soos dagboekinskrywings en optekening van drome, fantasieë en herinneringe. Eindelik verskaf dit alles die beeld van ’n verwarde mens wat op selfvernietiging afstuur in ’n deurmekaar en dekadente wêreld. Die meerduidige titel verwys na ’n amptelike dokument wat ter bespreking voorgelê word wanneer veranderinge beplan word, ’n geskrif deur ’n witmens en ook ’n geskrif onder die invloed van die wit poeier kokaïen.
Sy drama “Sing jy van bomme” word in 1988 deur die Transvaalse Raad vir Uitvoerende Kunste (TRUK) opgevoer en verower vyf Vita-toekennings, waaronder een vir die Mees Belowende Afrikaanse Dramaturg. Die drama speel af in ’n anargistiese Johannesburg waar bomme gedurig ontplof en die karakters poog om te oorleef, met binne hulle die pyn van mense wat te veel gesien en beleef het. Die agtergrond is die grensoorlog van die tagtigerjare. “Mynhoop” (met die subtitel “’n nokturne”) maak sy debuut in 1994 met ’n opvoering in die Pieter Roos Teater in Johannesburg onder leiding van Gerrit Schoonhoven. ’n Nokturne is ’n verklanking van naggeluide en die stuk se vier karakters praat hoofsaaklik in die vorm van lang monoloë gedurende die eensaamheid van die nag. Die hoofkarakters is die ou vrou Hanna, wat vele minnaars gehad het en klaarblyklik in die verlede leef, en Swart, die man saam met wie sy bly. Swart is ’n denker, leser en sterrekundige. Hulle besef eindelik dat hulle ten spyte van hulle lang saamblyery bitter min van mekaar weet en die monoloë wat hulle lewer is tasbare bewys dat hulle baie praat maar selde met iemand anders kommunikeer. Hy skryf ook die teks vir “Opdrag: Ingrid Jonker”, ’n eenvrou-vertoning wat deur Jana Cilliers by die Grahamstad Nasionale Kunstefees en die KKNK opgevoer word. Hierdie drama word in 2000 deur die ENB Teaterpaneel aangewys as beste nuwe Suid-Afrikaanse toneelstuk en Jana Cilliers as beste aktrise vir haar spel in hierdie drama. Die stuk is ’n interne monoloog waarin die aktrise die kreatiewe prosesse van beide skryf en toneelspel ondersoek. Dis geensins ’n sentimentele huldeblyk aan Jonker nie en ondersoek sowel die kunstenaar en die mens met genadelose eerlikheid en insig. “Eensnaar” is ’n drama oor Leipoldt wat in 2001 by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees opgevoer word. Die drama ondersoek ook emigrasie en vervreemding as deurlopende temas. Sy eenbedryf in vier tonele, “Die moderne kunstenaar”, word in Februarie 1983 in Tydskrif vir Letterkunde gepubliseer. Hy skryf ook gedigte en “Sonbeeld” word in November 1981 in Tydskrif vir Letterkunde gepubliseer.
Jaar | Publikasies |
---|---|
1984 | Die Tonnel |
1987 | Markus Vermoed 'n Verhaal |
1990 | Ignatius Brand |
1994 | Mynhoop |
1997 | Witskrif |
2000 | Die Foster Bende
(saam met Conrad Botes) |
2017 | Huilboek |
VerwysingsWysig
BoekeWysig
- Kannemeyer, J.C. “Die Afrikaanse literatuur 1652-2004” Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe 2005
- Van Coller, H.P. (red.) “Perspektief en Profiel Deel I” J.L. van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 1998
- Van Coller, H.P. (red.) “Perspektief en Profiel Deel 3” Van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 2006
Tydskrifte en KoeranteWysig
- Erasmus, Elfra “Nuwe uitgewery wil byt en blaf, nie stert swaai” “Beeld” 21 Januarie 1993
- Krog, Antjie “Taal is ’n virus” “Die Suid-Afrikaan” Januarie / Februarie 1994
- Nieuwoudt, Stephanie “Ná ‘Witskrif’ wil Ryk Hattingh lewe in Nieu-Seeland” “Plus” 6 Februarie 1998
- Rautenbach, Elmari “Die ghoeroe-pornograaf” “De Kat” Julie 1995
Ongepubliseerde BronneWysig
ResensiesWysig
Eensnaar
- Boekooi, Paul "Rapport" 29 April 2001
Ignatius Brand
- Malan, Charles "Insig" Februarie 1991
- Pakendorf, Gunther "Die Burger" 5 Februarie 1991
- Venter, L.S. "Die Burger" 17 Februarie 1991
Markus Vermoed 'n Verhaal
Mynhoop
- De Vries, Izak "Die Burger" 14 September 1994
Sing Jy van Bomme
- Hough, Barrie "Rapport" 4 Februarie 1988
Die tonnel
- Brink, André P. "Rapport" 2 Desember 1984
- Cilliers, Cecile "Die Burger" 28 Junie 1984
Witskrif
- Venter, L.S. "Beeld" 26 Januarie 1998
InternetWysig
- Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Hattingh,_Ryk
- Heyns, Johan Dirk Unisa: http://uir.unisa.ac.za/bitstream/handle/10500/16946/thesis_heyns_jd.pdf?sequence=1&isAllowed=y
- News24: http://www.news24.com/xArchive/Archive/Ryk-Hattinghs-new-play-disappoints-20010425
|
<urn:uuid:75030e59-7674-404d-9f90-11f19ed611f3>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Ryk_Hattingh
|
2019-07-23T22:39:28Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529737.79/warc/CC-MAIN-20190723215340-20190724001340-00525.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 1
| false
|
Gonçalo Álvares
Gonçalo Álvares (Portugese uitspraak: [gõsalu aɫvɐɾɨʃ], ?? - 1524) was 'n Portugese ontdekkingsreisiger wat aktief deelgeneem het aan die Eeu van Ontdekking (Engels: Age of Discovery), wat begin het met die tweede reis van Diogo Cão. In 1497 was hy in bevel van die skip São Gabriel in die epiese reis van Vasco da Gama na Indië. In 1505 het hy aan boord van die vloot van Francisco de Almeida (die eerste Viceroy van Portugese Indië), suid in die Atlantiese Oseaan gevaar na waar "water en selfs wyn gevries het", en het 'n eiland ontdek wat later na hom vernoem is. Dit is later deur die Britte hernoem na Gough-eiland, wat hulle in die negentiende eeu in besit geneem het. Gonçalo Álvares het tot 1524 die amp van hoof-vlieënier van die navigasie na Indië en die Oseaan-see bekleë.
|
<urn:uuid:979159ca-5fb8-44ed-a07b-066568e69fcb>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Gon%C3%A7alo_%C3%81lvares
|
2019-07-17T17:29:01Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525355.54/warc/CC-MAIN-20190717161703-20190717183703-00309.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999881
| false
|
Karl Marx
Karl Marx | |
Karl Marx in 1875
Gebore | 5 Mei 1818 Trier, Koninkryk Pruise, Duitse Bond |
---|---|
Oorlede | 14 Maart 1883 (op 64) Londen, Engeland |
Blyplek | Duitsland, Frankryk, België, Verenigde Koninkryk |
Nasionaliteit | Duits |
Vakgebied | Politiek, ekonomie, filosofie, sosiologie, arbeid, geskiedenis, klassestryd, natuurwetenskap |
Alma mater | Universiteit van Bonn Universiteit van Berlyn Universiteit van Jena |
Bekend vir | Manifest der Kommunistischen Partei, Das Kapital, Die Deutsche Ideologie |
Beïnvloed deur | Hegel, Feuerbach, Spinoza, Proudhon, Stirner, Smith, Voltaire, Ricardo, Vico, Robespierre, Rousseau, Shakespeare, Goethe, Helvétius, d'Holbach, Liebig, Darwin, Fourier, Robert Owen, Hess, Guizot, Pecqueur, Aristoteles, Epikuris |
Karl Marx (Trier, 5 Mei 1818 – Londen, 14 Maart 1883) was 'n Duitse denker wat 'n belangrike invloed gehad op die (politieke) filosofie, die ekonomie en die sosiologie. Hy was een van die grondleggers van die arbeidersbeweging. Das Kapital word meestal as sy belangrikste werk beskou. Marxisme word op dié werk sowel as die denke van Karl Marx (en Friedrich Engels) gebaseer.
Inhoud
Jeug en studentetyd[wysig | wysig bron]
Karl Marx word gebore in Duitsland, as seun van Heinrich Marx (1782–1838) en Henriette Preszburg (oorlede 1863). Sy ouers was oorspronklik Jode en stam beide uit 'n rabbiegeslag – Heinrich Marx heet oorspronklik Hirschel Mardochai – maar hy word 'n Lutherse Protestant nadat hy in 1815 na Trier verhuis het. Dit was moelik vir Heinrich om in Pruise as Jood sy werk as advokaat te bly beoefen. Karl word groot in 'n gematigde liberale gesin, wat 'n sekere vlak van welstand handhaaf, maar nie werklik ryk was nie.
Karl voltooi die hoërskool in Trier in 1835. Die opstel wat hy vir 'n eksamen geskyf het naamlik "Beskouing van 'n jongeling oor die keuse van 'n beroep" het bewaar gebly.
In Oktober 1835 gaan Marx regte studeer in Bonn. Daar kom van die studie nie veel tereg nie omdat hy meer tyd bestee aan die studentelewe. Na 'n jaar besluit Karl se vader dat dit beter vir hom is om in Berlyn te gaan studeer. Ondertussen raak Karl (aanvanklik in die geheim) aan Jenny von Westphalen verloof. In Berlyn kry die jong Marx meer belangstelling vir intellektuele sake, en verruil hy die studie van regte met die van filosofie. Hy verdiep homself in die ideë van Immanuel Kant en Johann Gottlieb Fichte, maar hy kom veral baie sterk onder die invloed van Georg Hegel. Hegel self is in 1831 oorlede, maar sy filosofie oorheers denke aan die universiteit na sy dood nog sterker as tydens sy lewe. Onder sy volgelinge het verskillende strominge posgevat. Sommige is baie konserwatief (die Hegeliaanse filosofie geld in die tyd as die Pruisiese staatsfilosofie), maar daar is ook linkse interpretasies. Aan die laasgenoede stroming bekend as die jong-Hegeliane, voel Marx homself verbonde soos ook Bruno Bauer en Arnold Ruge. Hulle is veral krities wat betref godsdiens.
Marx besluit om nie sy studies in Berlyn voort te sit nie omdat hy verwag het dat sy proefskrif weens sy reputasie as 'n jong-Hegeliaan nie positief ontvang sou word nie. Marx gaan na die Universiteit van Jena en behaal daar in 1841 sy graad met 'n proefskrif oor "Die verskil tussen die natuurfilosofie van Democritus en die van Epikurus". Na die beëindiging van sy studie verhuis Marx na Bonn. Hy hoop om daar 'n aanstelling as universiteitsdosent te kry. In die konserwatiewe Bonn kry hy dit nie reg nie en word Marx 'n joernalis.
1842–1843: Keulen, die Rheinische Zeitung[wysig | wysig bron]
Die Rheinische Zeitung (Rynlandse koerant) was 'n "radikaal-demokratiese" koerant wat vanaf 1 Januarie 1842 in Keulen uitgegee word. Marx en Bruno Bauer word medewerkers van die blad, en in Oktober 1842 word Marx hoofredakteur. Die koerant ontwikkel homself tot 'n spreekbuis vir jong besigheidsmense, bankiers en industrialiste. Marx verhuis na Keulen. Die koerant word meer uitgesproke. Terwyl die oplaag aansienlik styg, word sensuur egter ook strenger. Op 1 Januarie 1843 word die koerant verbied. Marx publiseer o.a. oor persvryheid, die wette insake houtdiefstal en oor die armoede van die wynboere in die Moesel-streek.
19 Junie 1843 trou Jenny von Westphalen en Karl Marx, nadat hulle mekaar al vanaf hul jeug ken en sewe jaar verloof was. Die huwelik vind plaas in Kreuznach, waar hulle ook enkele maande bly woon.
Intussen het Marx kennisgemaak met die werk van Ludwig Feuerbach. Veral Feuerbach se "Die wese van die Christendom" (gepubliseer in 1841) het bygedra tot die ontwikkeling van die materialistiese vertrekpunt van Marx.
1843–1844: Parys, die Deutsch-Französische Jahrbücher[wysig | wysig bron]
Marx word gevra om as redakteur van die Deutsch-Französische Jahrbücher (Duits-Franse Jaarboek) te dien. Hiervoor trek hy na Parys in die herfs van 1843.
Van dié jaarboek sal slegs één (dubbel-)nommer gepubliseer word, in Februarie 1844. In die publikasie is twee artikels van Marx:
- Kritiek op Hegel se regssfilosofie: Inleiding.
- Die vraagstuk van die Jode (Zur Judenfrage),'n Bespreking van twee artikels van Bruno Bauer oor die vraagstuk van die Jode.
Ook twee van Friedrich Engels se artikels word in die Duits-Franse Jaarboek gepubliseer:
- Skets van 'n Kritiek op die Politieke Ekonomie (Umrisse zu einer Kritik der Nationalökonomie)
- Bespreking van Thomas Carlyle se "Verlede en hede".
Tenslotte bevat die Jaarboek ook 'n aantal briewe van Marx.
Die lewenslange saamenwerking tussen Karl Marx en Friedrich Engels het in die Jaarboek vir het eerste keer vorm aangeneem. Hulle het mekaar in 1842 ontmoet, maar die kennismaking het net oppervlakkig gebly. Die "Skets" het Marx se belangstelling in die klassieke politieke ekonomie aangewakker. Marx werk tussen April en Augustus 1844 aan sy (nooit voltooide) Economisch-filosofische Manuscripten (ook wel genoem: die Paryse Manuskripte). Dié word vir die eerste keer in 1932 gepubliseer.
Tydens sy verblyf in Parys maak Marx kennis met verskeie Franse sosialiste. Die aktiwiteite en publikaties van Marx bly nie onopgemerk nie. Die Pruisiese regering formuleer aanklagte van hoogverraad teen hom en vra die Franse regering om hom uit te lewer.
1845–1847: Brussel, die Kommunistiese Manifes[wysig | wysig bron]
Begin 1845 vertrek Marx na Brussel. Hy doen afstand van sy Pruisiese staatsburgerskap. Die eerste gesamenlike werk tussen Marx en Engels verskyn in Februarie 1845: Die Heilige Familie, 'n kritiek op Bruno Bauer. In dieselfde jaar begin hulle met die skyf van Die Duitse Ideologie – 'n kritiek op Feuerbach, Bruno Bauer en Max Stirner –, met daarin opgeneem die beroemde Stellinge oor Feuerbach. 'n Uitgewer word nie aanvanklik hiervoor gevind nie. Die eerste volledige publikasie dateer uit 1932.
In 1847 verskyn "Die armoede van die filosofie", 'n kritiek op "Die filosofie van die armoede" deur Pierre-Joseph Proudhon. Anders as wat die titel voorstel is die veral 'n ekonomiese uiteensetting, waarin die waardeteorie breedvoerig aan die orde kom. Die arbeids(ver-)deling word bespreek en kompetisie.
Einde 1847 woon hy die byeenkoms van Bond van Regverdiges (later: Bond van die Kommuniste) in Londen by. Engels is ook aanwesig. Marx en Engels kry die opdrag om 'n program te skryf: wat op 21 Februarie 1848 verskyn naamlik die "Kommunistiese Manifes" wat as motto het: "Proletariërs van alle lande, verenig U!" Die beroemde beginreël van die Manifest lui: "'n Gedaante spook in Europa – die gedaante van kommunisme."
1848[wysig | wysig bron]
1848 word "die revolusiejaar" genoem. In Frankryk, Nederland, Italië en Oostenryk breek opstande uit. Marx gaan begin 1848 terug na Parys. In April gaan hy terug na die Rynland, waar hy in Junie – saam met Engels – vir die Neue Rheinische Zeitung (NRZ – die Nuwe Rynlandse Koerant) werk.
In Mei 1849 verskyn die laatste uitgawe van die NRZ, in rooi.
Marx word opnuut verban. Hy gaan terug na Parys, maar vertrek in 1850 na Londen.
1850: Londen[wysig | wysig bron]
Die res van sy lewe sal Marx in Londen woon. Hy fokus hier verval op sy ekonomiese studies, in die leessaal van die Britse Museum. Finansieel gaan dit met hom lang tye sleg: in Maart 1850 word hy met sy gesin met vier klein kinders uit sy woning gesit en word sy besittings verbeurd verklaar. Teen die einde van die sestiger jare word sy finansiële sorge minder.
Sy vrou Jenny het hom met sy aktiwiteite altyd lojaal ondersteun en verrig selfs ook die sekretariële take vir hom. Hulle huwelikslewe was egter nie vry van spanning nie. Die gesin leef in armoedige omstandighede, ook kom Marx se vriend Friedrich Engels gereeld te hulp as die nood baie hoog word. Drie van sy sewe kinders is op 'n jong leeftyd oorlede.
Die verhouding tussen die twee word ook nie beter toe Marx 'n buite-egtelike kind verwek, 'n seun genaamd Frederick (1851–1929), by die Duitse diensmeisie Helene Demuth. Die vaderskap word amptelik deur Friedrich Engels op hom geneem, 'n vriend by wie Marx altyd kon aanklop om hulp.
Ondertussen verskyn:
- 1850: Die Klassenstryd in Frankryk – 'n historiese materialistisese interpretasie van die gebeurtenisse in die revolusiejaar.
- 1852: Die Agttiende Brumaire van Lodewyk Napoleon – eweneens 'n ondersoek van die periode 1848 tot 1851 in Frankryk.
- 1859: Bydrae tot die kritiek van die politieke ekonomie (Zur Kritik der Politischen Őkonomie) – 'n voorstudie vir Die Kapitaal, met die bekende voorwoord en die baie aangehaalde inleiding.
Polities bring Marx 'n aantal jare in betreklike afsondering deur. Hierdie afsondering kom ten einde met die stigting van die International Working Men’s Association (of Internasionale Arbeiders-Assosiasie) op 28 September 1864 (later bekend as die Eerste Internasionaal).
In 1867 verskyn die eerste deel van Das Kapital (Die Kapitaal), Marx se "magnum opus". Die opvolgende dele sou nie tydens Marx se lewe verskyn nie.
Die laaste jare[wysig | wysig bron]
Gedurende die jare na 1867 verskyn nog enkele belangrike werke, waaronder in 1871: Die Burgeroorlog in Frankryk.
"Ek hoef nie oor haar persoonlike eienskappe te praat nie. Haar vriende ken haar en sal haar nie vergeet nie. As daar ooit 'n vrou was, wie se grootste geluk was, om ander gelukkig te maak, dan was dit hierdie vrou."
Engels voeg ook by dat op die sterfdag van Jenny Marx gesê het: "Die Moor het ook gesterf" ("Die Moor" was 'n bynaam van Marx).
Op 11 Januarie 1883 is Marx se dogter Jenny ook skielik dood. Die terugslag het hom swaar geraak en is hy self ook op 14 Maart oorlede. Op 17 Maart word hy in die Highgate-begraafplaas, aan die noordekant van Londen, begrawe.
Eksterne skakels[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband met Karl Marx. |
|
<urn:uuid:56ae377a-678f-4bbb-8545-7f74a747d535>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Karl_Marx
|
2019-07-20T05:35:24Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526446.61/warc/CC-MAIN-20190720045157-20190720071157-00069.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.99999
| false
|
Gebruiker:Cesar Jared/Español
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
<
Gebruiker:Cesar Jared
Jump to navigation
Jump to search
Este usuario es
Chileno
Hierdie gebruiker woon in
Chili
.
Hierdie gebruiker is
manlik
.
es
La
lengua nativa
de este usuario es el
español
.
af
-4
Hierdie gebruiker praat
Afrikaans
op
moedertaalvlak
.
en
-2
This user is able to contribute with an
intermediate
level of
English
.
Hierdie
gebruiker
is 'n
wikidwergie
.
Hola a todos los hispanopalantes que visitan mi página de usuario en español dentro de la af.wikipedia
Trabajando y trabajar
Afrikáans
Español
Vlag van Chili
es:Bandera de Chile
Wapen van Chili
es:Escudo de Chile
Sebastián Piñera
es:Sebastián Piñera
Chili
es:Chile
y
de:Chile
Santiago de Chile
es:Santiago de Chile
Osorno
es:Osorno
Ontsluit van "
https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Gebruiker:Cesar_Jared/Español&oldid=883058
"
Kategorieë
:
Manlike Wikipediane
Gebruiker es
Gebruiker es-N
Gebruiker af
Gebruiker af-4
Gebruiker en
Gebruiker en-2
Gebruiker Wikipedia/wikidwergies
Navigasie-keuseskerm
Persoonlike gereedskap
Nie ingeteken nie
Bespreking
Bydraes
Skep gebruiker
Meld aan
Naamruimtes
Gebruikerblad
Bespreking
Variante
Weergawes
Lees
Wysig
Wysig bron
Wys geskiedenis
Meer
Soek
Navigasie
Tuisblad
Gebruikersportaal
Geselshoekie
Onlangse wysigings
Lukrake bladsy
Hulp
Sandput
Skenkings
Druk/eksporteer
Skep boek
Laai af as PDF
Drukbare weergawe
Gereedskap
Skakels hierheen
Verwante veranderings
Gebruikersbydraes
Logboeke
View user groups
Spesiale bladsye
Permanente skakel
Bladinligting
Ander tale
Die bladsy is laas op 22 Desember 2011 om 15:12 bygewerk.
Die teks is beskikbaar onder die lisensie
Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel
. Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die
Algemene Voorwaardes
vir meer inligting.
Privaatheidsbeleid
Inligting oor Wikipedia
Vrywaring
Ontwikkelaars
Koekieverklaring
Selfoonweergawe
|
<urn:uuid:3e54a2a1-1a56-419c-a2aa-72c0cdd9f93a>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Gebruiker:Cesar_Jared/Espa%C3%B1ol
|
2019-07-21T11:20:32Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00229.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.988862
| false
|
Gebruiker:Suidpunt/Ander
Gereed vir verbetering
1. Eliza Meiring; 2. Lys van minder suiwer Afrikaanse woorde; 3. Anglisisme; 4. Alice (Resident Evil); 5. Samsung SGH-E250; 6. Bagheera; 7. Simba; 8. Geskiedenis van die Ekonomiese Ontwikkeling van Suid-Afrika; 9. Unifikasie van Duitsland; 10. Geskiedenis van die Verenigde Volke; 11. Unifikasie van Italië; 12. Die Rekonstruksie van Europa na die Eerste Wêreldoorlog; 13. Gebeurtenisse wat tot die Eerste Wêreldoorlog gelei het; 14. Demokratiese ontwikkeling as uitvloeisel van Industrialisering; 15. Lys van syfers in verskeie tale; 16. Fox Mulder 18. Lys van landname in verskeie tale (A-C); 19. Lys van landname in verskeie tale (D-I); 20. Lys van landname in verskeie tale (J-P); 21. Lys van landname in verskeie tale (R-Z) 22. Flespos 24. Probatio pennae 25. Kaasburger 26. Rievaulx Abbey 27. Tjololo 28. Sabor (Tarzan) 29. Urban Dictionary 30. Nagwolf 31. Stoppelbaard 32. Steers 33. Blacksteer 34. Slagtand 35. Alleenloper 36. Strandhuis 37. Quo vadis 38. MIV/vigs in Suid-Afrika 39. Ekodorp 40. Ekostad 41. Kaap Agulhas Munisipaliteit 42. Droëlandboerdery 43. Jungle Book Shōnen Mowgli 44. Ekonomiese materialisme 47. Seeus 48. Vierkante myl 49. Mr. President 50.Telefoonhokkie 51.2007 Mosambiekse oorstroming 52.Siemens Mobile 53.Lifebook 54.Europese jaguar 55.Puma (genus) 56.Acinonyx 57.Costa Ricaanse poema 58.Acinonyx kurteni 59.Reusejagluiperd 60.Noordwes-Afrikaanse jagluiperd 61. Bagheera (genus) 62. Akela (genus) 63. Messua (genus) 64. Nagaina 65. Toskaanse leeu 66. Manlike gehegtheid 67. Carlson-tweeling 68. Bromanse 69. Germaanse kalender 70. Ou Nederlandse maandname 71. Geskiedenis van die Britse Ryk en Statebond 72. Die Opkoms van Japan as Wêreldmoondheid 73. Woudfries 74. Bevolkingsafname 75. Wolwe as troeteldiere en werkdiere 76. Taalherlewing 77. Lys van wolfbevolkings per land 78. Lys van herleefde tale 79. Kaal bolyf 81. Rooi Rose 82. Mense (tydskrif) 83. Geringstelling 85. Vis-en-tjips 86. Lamborghini Aventador 87. Teenverstedeliking 91. Ray-Ban Aviator 96. Mans se gesondheidsrisiko's 108. Voorouer 109. Argaïsme 110. Boerejood 111. Dyrhólaey 112. Boekverbranding in Nazi-Duitsland 116. L'Agulhas 146. Suiderstrand 147. Wolvengat (dit gaan eintlik net oor die naam...) 190. Dieregeluide 191. Saamslaap by ouers 192. Drukkie 194. Candice Swanepoel 195. Sukoró 198. Glimpen. 199. Patrizio Buanne 200. Dirck van Santvoort 206. 2011 Verenigde Nasies se Klimaatberaad 207. Deense Volkskerk 272. Verjaarsdag (saadjie) 275. Kerkhof 276. Skoppensboer (dood) 281. Awendland 282. Morgenland 283. Mis (weerkunde) 284.Waas 285. Liggaamskontak en persoonlike ruimte van die Verenigde State 286. Luxemburgers 287. Faroërs 288. Maaghare 289. Neef 290. Just Nuisance 291. Egodokument 292. Postkoloniale desillusie 293. Stewel 294. Kamermaat 295. Afrikatyd 296. Dagboek 297. Televoering 298. Flikkerlig 299. Neerlandisme 300. Bakwerk 301. Dampkas 302. Oorbruggingsjaar 303. Oudnederfrankies 305. Adolf Lüderitz 306. Grüß Gott 307. Plakkies 308. Vrystelbeheer 309. Gevolge van aardverwarming op oseane 310. Duduzatornado 311.Ritopnemer 312. Vlieëplak 313. Sölring 314. Gronddegradasie 315. Ilse De Vis 316. Die knip van 'n oog 317. Toeklapfoon 318. Kwartierherhaling 319. Kwartierverlies 320. Troosprys 321. Yf 323. Folkspraak 324. Jy en jou 325. Oom en Tannie (aanspreekvorm) 326. Spreuerhofstraße 327. Spoor (slangklou) 328. Döbereinerlamp 329. Boekedorp 330. Afrika-rotsluislang 331. Briefprikker 332. Gouerotsluislang 333. Dominansiegeveg 334. Geomerking 335. Moerasgas 336. Adrenalien (roman) 337. Sneeu-engel 338. Verklikker (roman) 339. Stortradio 340. Grafskending 341. Digitale grafsteen 342. Sadeness (Part I) 343. Gibbs Aquada. 344. Nokia 7600 345. Nokia 7610 346. Dakvink 347. Tierluislang 348. Rompslomp 349. Die smal en breë weg (kunswerk) 350. Stefanie Gercke 351. Die storie van die molletjie wat wou weet wie op sy kop gedinges het 352. Johann Gottlob Schneider
Christenverwante artikels
17. Náftali; 23. Ruben 80. Jónatan 84. Herlewing (Christendom) 88. Kerkbywoning 89. Christendom in Denemarke 90. Die Doelgerigte Lewe 92. Christendom in Wit-Rusland 93. Godsdiens in Denemarke 94. Godsdiensvryheid in Denemarke 98. St. James Kerk, Kaapstad 100. Deense Seemans- en Uitlandskerk 101. Deense Kerk in Suid-Sleeswyk 102. Lys van Deense kerkministers 103. De Bijbelgordel 104. Indre Mission 107. E-Sword 114. Mårupkerk 196. Die Deense Bybelgenootskap 197. Sint Matthéüskerk 201. Kristeligt Dagblad 202. Vlaams Bijbelgenootschap 203. Wêreldbond vir Bybelgenootskappe 204. Nederlands Bijbelgenootschap 205. Bisdom (Deense Volkskerk)
Ander artikels oor Denemarke
46. Bulbjerg 95. Misdaad in Denemarke 97. Demografie van Denemarke 99. Vryheidsparty (Denemarke) 105. Polisie van Denemarke 106. Koninklike Lyfwagte (Denemarke) 113. Rubjerg Knudevuurtoring 115. Verkeer van Denemarke 128. Ulsted 180. Asaa 182. Deense kroon 183. Ordbogen.com 184. Jacob Andersen 185. Lys van Deense koerante 186. Dagen 187. Demokraten 188. Kjøbenhavnposten 189. The Copenhagen Post 193. Tale van Denemarke
273. Dannebrog (jag) 274. Frederiksborg-paleis 277. Kultuur van die Faroëreilande 278. Smørrebrød 279. Godsdiens van die Faroëreilande 280. Gråsten-paleis 304. Rasmus Seebach 322. Mariagerfjord
Jutland saadjies van 1 sin! (*.*)
117. Thorshøj 118. Tise 119. Tødsø 120. Tolne 121. Tornby 122. Tranum 123. Tversted 124. Tylstrup 125. Uggerby 126. Uggerhalne 127. Ullits 129. Vadum 130. Valsgård 131. Valsted 132. Vårst 133. Thisted 134. Guldbæk 135. Gudumholm 136. Gøttrup 137. Godthåb (Aalborg) 138. Gjøl 139. Gistrup 140. Gedsted 141. Gandrup 142. Gærum 143. Tårs (Hjørring) 144. Terndrup 145. Vrå 148. Vodskov 149. Ydby 150. Vodstrup 151. Voerså 152. Vognsild 153. Vrensted 154. Visse (Denemarke) 155. Visborg 156. Vindblæs 157. Vilsund Vest 158. Vilsted 159. Vils 160. Vidstrup 161. Vestervig 162. Vesterø Havn 163. Vester Torup 164. Vester Hornum 165. Vester Hjermitslev 166. Vester Hassing 167. Vestbjerg 168. Vesløs 169. Vegger 170. Veddum 171. Vebbestrup 172. Dall Villaby 173. Døstrup 174. Dronninglund 175. Dorf Mølle 176. Dybvad 177. Ingstrup 178. Jerslev 179. Jerup 181. Kås 208. Langholt 209. Lendum 210. Lødderup 211.Løgstør 212.Løkken 213.Lønstrup 214.Lørslev 215.Lyngså 216.Mariager 217.Mosbjerg 218.Moseby 219.Mou (Denemarke) 220.Nibe 221.Nørager 222.Nørhalne 223.Nørholm 224.Nørre Kongerslev 225.Nørre Vorupør 226.Nørresundby 227.Nors (Denemarke) 228.Norup 229.Nykøbing Mors 230.Øsløs 231.Øster Assels 232.Øster Brønderslev 233.Øster Doense 234.Øster Hornum 235.Øster Hurup 236.Øster Jølby 237.Øster Vrå 238.Østerby 239.Østerby Havn 240.Østerild 241.Aabyro 242.Feldborg 243.Finderup 244.Fjellerup 245.Fjelstervang 246.Folby 247.Følle 248.Frederiks (Viborg) 249.Fruering 250.Funder Kirkeby 251.Gammel Rye 252.Gassum 253.Gimming 254.Gjerlev 255.Gjerrild 256.Gjesing (Norddjurs) 257.Gjessø 258.Glesborg 259.Glud 260.Gludsted 261.Glyngøre 262.Grædstrup 263.Grauballe 264.Grumstrup 265.Grundfør 266.Hadbjerg 267.Haderup 268.Haldrup 269.Hampen 270.Haslund 271.Ræhr
Fonetiese transkripsie van Afrikaanse woorde / Phonetic transcription of Afrikaans words
Want 'n taal moet ook gehoor kan word / Because a language should also be heard
Let wel: Die klem volg ná die aksentteken (') bv. mə'nəstər (minister).
Nota bene: The stress falls after the stress sign (') e.g. mə'nəstər (minister).
If you are English or have knowledge of English, visit http://en.wikipedia.org/wiki/Wikipedia:IPA_for_Dutch_and_Afrikaans first.
As jy Nederlands is, besoek eerste http://nl.wikipedia.org/wiki/IPA-notatie_voor_het_Nederlands.
|
<urn:uuid:8513972b-8a23-42a7-b44b-f89abb5506c5>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Gebruiker:Suidpunt/Ander
|
2019-07-21T11:45:30Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00229.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.722047
| false
|
Hierdie kategorie bevat die volgende 2 subkategorië, uit 'n totaal van 2.
Hierdie kategorie bevat slegs die volgende bladsy.
|
<urn:uuid:47e82852-01f4-4ad1-8f95-4b01ce0982f1>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:1766
|
2019-07-21T11:15:36Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00229.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999958
| false
|
Musiek vir die agtergrond
Musiek vir die Agtergrond | |
---|---|
Regisseur | Salmon de Jager |
Met | John-Henry Opperman Lizelle de Klerk Brümilda van Rensburg Ian Roberts Terence Bridgett Neil Sandilands |
Musiek deur | Dawie de Jager |
Uitgereik | 11 Oktober 2013 |
Speeltyd | 124 minute |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
Genre[wysig | wysig bron]
Die rolprent is ’n drama. Dit het 'n 7 tot 9 OL-ouderdomsperk vir swak taalgebruik.
Hoofrolspelers[wysig | wysig bron]
- John-Henry Opperman
- Lizelle de Klerk
- Brümilda van Rensburg
- Ian Roberts
- Terence Bridgett
- Neil Sandilands
Storielyn[wysig | wysig bron]
'n Talentvolle en ambisieuse musikant besluit om homself oor te teken aan ’n vervaardiger van popmusiek wanneer sy meisie onverwags swanger raak. Sy talent as gerespekteerde liedjieskrywer en musikant word misbruik om oppervlakkige, kommersiële musiek te vervaardig. Sal die paartjie se liefde die kompromie wat hy ter wille van haar en die baba moet maak, oorleef?
|
<urn:uuid:156eb2e5-2d5c-4380-80ca-1773eee707f4>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Musiek_vir_die_Agtergrond
|
2019-07-23T22:51:39Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195529737.79/warc/CC-MAIN-20190723215340-20190724001340-00549.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999919
| false
|
Halogenoalkaan
Die eenvoudigste voorbeelde betref die substitusie van die waterstofatome van metaan, wat onder invloed van lig (of hitte) uit metaan en chloor vervaardig kan word:
Die IUPAC-benamings vir hierdie vier chlorometane is
- chlorometaan
- dichlorometaan
- trichlorometaan
- tetrachlorometaan
Gedeeltelik gechlorineerde molekule besit 'n dipool en is dus polêre oplosmiddels, maar in die simmetriese tetrachlorometaan-molekuul hef die dipole mekaar op. Hiedie verbinding is dus nie-polêr.
|
<urn:uuid:c8a73ab1-1450-4a06-9873-394700624cf9>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Halogenoalkaan
|
2019-07-18T21:42:54Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525829.33/warc/CC-MAIN-20190718211312-20190718233312-00493.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.997467
| false
|
Bennettse speg
Die Bennettse speg (Campethera bennettii) is 'n redelik algemene standvoël in breëblaarboomveld en savanne. Die voël is 22 – 24 cm groot en weeg 65 - 80 gram. In Engels staan die voël bekend as die Bennett's Woodpecker.
Bennettse speg | ||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Bewaringstatus | ||||||||||||||||
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||||||||
Binomiale naam | ||||||||||||||||
Campethera bennettii (Smith, 1836) |
Sien ookWysig
BronWysig
VerwysingsWysig
- BirdLife International (2012). "Campethera bennettii". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.
|
<urn:uuid:3e5ce5d6-cc87-40bb-bd25-6a2d4f4406cc>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Bennettse_speg
|
2019-07-20T05:57:51Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526446.61/warc/CC-MAIN-20190720045157-20190720071157-00093.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.980344
| false
|
Maak hoofkeuseskerm oop
Soek
Wysigings
← Ouer wysiging
Nuwer wysiging →
Singapoer
(wysig)
Wysiging soos op 01:37, 9 September 2018
14 grepe bygevoeg
,
10 maande gelede
Hulp:Normdata
{{Lande van Asië}}
{{Hoofstede in Asië}}
{{Normdata}}
[[Kategorie:Britse Statebond]]
KabouterBot
Robotte
245 830
wysigings
Ontsluit van "
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/1796098
"
|
<urn:uuid:af98049a-4691-441e-ac80-0a0334baf0e1>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/1796098
|
2019-07-20T05:53:04Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526446.61/warc/CC-MAIN-20190720045157-20190720071157-00093.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.994572
| false
|
Hulp
Gebruikersbydraes
Vir 22.214.171.124 (
bespreking
blokkeer-logboek
oplaaie
logboeke
misbruiklogboek
)
Spring na:
navigasie
,
soek
Soek na bydraes
Wys slegs bydraes van nuwe gebruikers
IP-adres of gebruikersnaam:
Naamruimte:
alle
(Hoof)
Bespreking
Gebruiker
Gebruikerbespreking
Niesiklopedia
Niesiklopediabespreking
Lêer
Lêerbespreking
MediaWiki
MediaWikibespreking
Sjabloon
Sjabloonbespreking
Hulp
Hulpbespreking
Kategorie
Kategoriebespreking
Forum
Forum talk
TimedText
TimedText talk
Module
Module talk
Gadget
Gadget talk
Gadget definition
Gadget definition talk
Omgekeerde seleksie
Gekoppelde naamruimte
Etiketfilter
:
Slegs die nuutste weergawes
Slegs nuwe bladsye
Versteek klein wysigings
From date:
To date:
Geen veranderinge wat by hierdie kriteria pas, is gevind nie.
Ontsluit van "
https://af.oncyclopedia.org/wiki/Spesiaal:Bydraes/126.96.36.199
"
Navigasie-keuseskerm
Persoonlike gereedskap
Nie ingeteken nie
Bespreking
Bydraes
Skep gebruiker
Meld aan
Naamruimtes
Spesiale bladsy
Variante
Weergawes
Meer
Soek
Tuisblad
Gemeenskapsportaal
Geselshoekie
Onlangse wysigings
Lukrake bladsy
Hulp
Sandput
Geskenkies
Gereedskap
Atom
Gebruikersbydraes
Logboeke
Spesiale bladsye
Drukbare weergawe
Privaatheidsbeleid
Inligting oor Niesiklopedia
Vrywaring
Selfoonweergawe
|
<urn:uuid:9f928c63-ee3a-44d3-80cd-d2feb608e202>
|
CC-MAIN-2019-30
|
http://af.oncyclopedia.org/wiki/Spesiaal:Mybydrae
|
2019-07-21T11:06:59Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00253.warc.gz
|
by-nc-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-nc-sa",
"by-nc-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.996067
| false
|
Freda Linde
Freda Linde | |
Freda Linde
Gebore | 12 Desember 1915 Swellendam |
---|---|
Oorlede | 7 Maart 2013 |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Skrywer, redakteur |
Bekend vir | Kinderboeke |
Freda Linde (Swellendam, 12 Desember 1915 – 7 Maart 2013)[1] was 'n Suid-Afrikaanse skrywer en vertaler van kinderboeke. Sy het hoofsaaklik in Afrikaans geskryf en het meer as 150 kinderboeke in Afrikaans, Frans en Duits vertaal.[2]
Inhoud
Lewe en werk[wysig | wysig bron]
Linde werk tot 1960 as 'n joernalis en redakteur. Van 1960 tot 1963 was sy die redakteur van HAUM-uitgewers, en van 1964 tot 1971 redakteur in bevel van kinderlektuur by John Malherbe-uitgewers. Sy is die enigste dogter en oudste kind van die boer Hans Jurie Linde (self ’n skrywer en ’n ywerige amateur sterrekundige, wat ook bouer is en verskeie huise in die omgewing bou) en Christophera Frederika Johanna Joubert (ook skrywer wat ’n paar stukkies publiseer). Haar ouers is tydens die Eerste Wêreldoorlog met mekaar getroud. Freda het twee jonger broers, Pieter Emelius en Deon. Die stamvader van die Lindes in Suid-Afrika is die soldaat Hans Jürgen Linde, wat in 1753 vanuit Durlach, digby die grens van Frankryk en Duitsland, na die Kaap kom. Hier word hy wamaker en vestig hom eindelik op Swellendam, waar hy op 5 November 1758 met Catherina Elisabeth Swart trou, ’n huwelik waaruit ses kinders gebore word.
Reeds as jong kind kom Freda deur middel van haar ouers se boekery in aanraking met werke uit die Victoriaanse Engelse letterkunde en die vroeë Afrikaanse letterkunde. Sy begin haar skoolloopbaan op die plaasskool op Middelrivier. Daarna gaan sy vanaf standerd ses met ’n beurs, wat die Katolieke priester dr. McAuliff vir haar organiseer, na die Katolieke Seminarie vir Meisies wat aan die Engelsmedium Girls High School op Worcester verbonde is. Hier ontwikkel sy ’n liefde vir die Engelse letterkunde. Vanaf 1933 gaan sy na die Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad, waar sy in 1934 matrikuleer. Hier is die skrywer Essie Malan haar onderwyseres in Afrikaanse letterkunde, wat haar baie aanmoedig in haar skryfwerk.
Na haar skoolopleiding werk Freda twee jaar in ’n assuransiekantoor en daarna is sy vanaf 1937 tot 1950 joernalis by die koerant Die Suiderstem. Hier is Uys Krige aanvanklik saam met haar op die redaksie en hy moedig haar aan met haar skryfwerk. Sy werk hierna ’n paar jaar as vryskutjoernalis en volg dan teen die einde van 1954 vir Audrey Blignault op as redaktrise van Die Huisvrou. Vanaf 1960 is sy redaktrise by die uitgewery HAUM en vanaf 1964 by die uitgewer John Malherbe, wat hulle veral op die publikasie van kinderboeke toespits. Hierdie pos bedank sy aan die einde van 1971 en word daarna vryskutskrywer in Kaapstad. Vir ’n ruk dien sy saam met Uys Krige en Jack Cope op die redaksie van die letterkundige tydskrif Contrast. Van die ontstaan van die Ingrid Jonker Gedenkfonds in 1965 tot 1971 is sy sekretaresse van hierdie fonds. Sy besoek Suidwes-Afrika (Namibië) in 1972 en 1973 en hierdie besoeke word die inspirasie vir “Die singende gras”. Sedert die begin van 1981 bly sy in ’n huis in Kloofnekweg in die voorstad Tamboerskloof van Kaapstad. Sy tree in 1972 af om voltyds te skryf[2] en is op 7 Maart 2013 oorlede.
Skryfwerk[wysig | wysig bron]
Reeds op elfjarige ouderdom skep sy haar eerste gediggie. Sy is op skool lief daarvoor om opstelle te skryf en skryf ook ander kinders se opstelle vir hulle. Op hoërskool kry haar Engels ’n groot stoot, sodat sy selfs in Engels begin dig, terwyl sy steeds Afrikaanse gediggies skryf. In standerd agt verskyn ’n verhaaltjie van haar in die skoolblad Omnus unum en in standerd nege skryf sy ’n opstel met die naam “Kinderindrukke” vir die S.A. Eisteddfod. Sy wen hiermee die eerste prys en die opstel verskyn in Die Huisgenoot van 10 November 1933 en word later opgeneem in “Terug na die mimosas en ander essays”. In haar matriekjaar in 1934 wen sy vier eerste pryse vir letterkunde op die S.A. Eisteddfod, een in die ouderdomsgroep 16-18 jaar vir die opstel “Ou boeke”, wat ook later in “Terug na die mimosas” opgeneem word. Die ander drie pryse is in die ope afdelings, onder andere vir die eenbedryf “Antonie” en ’n essay. Nadat sy aanvanklik ’n paar werke vir volwassenes skryf, begin sy in die sestigerjare by ’n uitgewershuis om kinderboeke te publiseer en te vertaal, wat haar belangstelling in hierdie kreatiewe genre prikkel.
Prosa[wysig | wysig bron]
Sy skryf vir beide volwassenes en kinders en binne hierdie raamwerk beoefen sy ook verskeie genres. Vir volwassenes skryf sy aanvanklik baie essays, sketse en gedigte onder skuilname soos J. van Velden vir Unie Volkspers se tydskrif Die Naweek. Haar debuut is met die bundel essays[3] “Terug na die mimosas”, waarvoor veral die omgewing van haar ouerplaas tussen Bonnievale en Swellendam die agtergrond vorm. Sy beïndruk hier met raak beskrywings waarin sy dikwels in verbeeldingsvlugte verlange na die natuur en sy skoonheid verwoord en ’n feitlik tasbare stemming skep. Met ’n herdruk in 1958 word die inhoud grondig hersien en aangevul met nuwe stukke. Elize Botha neem “Die oumakappie” uit hierdie boek op in haar versamelbundel oor “Afrikaanse essayiste”. Freda volg hierdie boek op met die verdere bundel essays “Vreemdeling in my stad”. Hier is veral “Roetkatjie” noemenswaardig, waar sy daarin slaag om die perspektief van die kat op die wêreld dwarsdeur mooi vol te hou. In 1959 word ’n eerste prys aan haar toegeken vir ’n versameling essays in Die Landstem se Letterkundige Wedstryd.
“Die rooi haan” is ’n moderne fabel vir ouer jeug en volwassenes (in Engels vertaal as “The red rooster”), wat die mens se hebbelikhede satiriseer. Die hoendergemeenskap op Taaibosbult bestaan uit die aristokratiese Leghorns, die Koekoeke en swart Minorcas, afsonderlike soorte wat deur Oubaas Juriaanse in afsonderlike kampe gehou word. Kosie Kokken is ’n Rhode Island Red-haantjie wat glo dat alle hoenders dieselfde is en daar behoort dus nie verdeeldheid te wees in die hoenderdom nie. As gevolg van hierdie oortuiging raak hy in ’n geveg betrokke met Bloukan von Kiep, ’n aanstellerige Leghorn-haan. Kosie verloor die ongelyke stryd en word van sy geboortegrond afgesit. Hy onderneem dan ’n pelgrimsreis en beland in die moderne hoenderplaas met sy lê-hokkies en druk en gespartel. Hiervandaan keer hy terug na die sorg van sy alwyse Oubaas op Taaibosbult, wat nou veel aantrekliker voorkom, en word die onbetwiste leier van die hoenders. So word die haan se reis simbool van die mens se aardse swerftog en die bedreiging wat die stedelike lewe vir die natuurlike lewenswyse vorm. “Die rooi haan” word bekroon met ’n spesiale prys in Die Landstem se Letterkundige Wedstryd van 1960.
Van haar prosa word in verskeie versamelbundels opgeneem, wat insluit “Die dammetjie en ander sketse en essays”, “Afrikaanse essayiste”, “Afrikaanse essays”, “Bolder”, “Borde borde boordevol”, “Klein koninkryk”, “Vuurslag”, “Steekbaard”, “In ons goeie boekies”, “Vrouevertellers”, “Granaat”, “Kortetjie vir die katel” en “Storiehuis woordpaleis”. “Rooi” is ’n versamelbundel van sketse en essays deur prominente Afrikaanse skrywers en hierin verskyn vyf stukke van haar, naamlik “Rooisteeltjie-Rabas”, “Vir haar, die ongeroemde”, “Oor ’n leë bladsy”, “In die baan van die storm” en “Minimum vir ’n reis”. Sommige van hierdie essays het tussen 1962 en 1964 in Die Huisvrou verskyn, terwyl “Vir haar, die ongenoemde” in 1963 deur die SAUK uitgesaai is. Hennie Aucamp neem haar kortverhaal “Die isitôlotôlo” in die versamelbundel “Bolder” op. Die stadsmens Lisa is voel nie tuis in die natuur en die suikerplantasie waar sy kuier nie en ontsmet die Afrika musiekinstrument, die isitôlotôlo, baie deeglik. Sy kan egter nie ontspan in haar omgewing nie, hoewel sy later besef dat sy die onrus met haar saamgebring het en dat die omgewing nie daarvoor te blameer is nie. Wanneer haar kind, Kowie, deur ’n slang bedreig word, neem sy die isitôlotôlo wat sy eers nie wou aanvaar nie en speel daarop totdat die slang wegseil. Dit is eers hierna wat sy vrede maak met haar omgewing.
Jeugverhale en kinderlektuur[wysig | wysig bron]
Dit is egter op die gebied van die jeug- en kinderliteratuur dat sy die grootste bydrae tot die Afrikaanse letterkunde lewer. In hierdie genre dek sy feitlik alle moontlikhede en haar boeke sluit in prenteboeke en eerste leesboeke, verhale vir 7-9 jariges, verhale en verse vir die ouderdomme 6-12 jaar, jeugromans en selfs vakliteratuur. Haar kinderliteratuur word in onder andere Engels, Duits, Kwanyama en Nama vertaal, terwyl sy self ook meer as honderd boeke vir kinders van ander tale in Afrikaans vertaal. Die natuur speel ’n groot rol in haar werk en dien behalwe as agtergrond ook as fokuspunt vir tematiese ontwikkeling en karakterbeelding. Opvallend is die genuanseerde uitbeelding van goed en kwaad in die karakters, met aspekte van albei, terwyl die grondliggende wetenskaplikheid van haar waarnemings sentimentaliteit voorkom. Vele wetenskaplike besonderhede van eiesoortige plante en diere word vernuftig in die verhaallyn ingevleg. Sy is een van die eerste skrywers in Afrikaans wat kinderliteratuur tot letterkunde verhef.
Die plaas Bruintjiesrivier in die distrik Swellendam, waar sy groot geword het, vorm die agtergrond van die meeste van haar werk. Dit is Sonnige Oewer in “Swiera van die Waterkant” en “Ken jy die Kierangbos”; dit is die kontrei waar Jos van “Jos en die sog”, “Jos en die bok” en “Jos en Klos” woon; dit is Oupa se plaas in “Dakkuiken”; dit is die omgewing van die oumense se plasie in “Die kokkewiet en sy vrou” en van die diere en plante in “As jy kan fluit op hierdie maat”; dit is die wêreld van die erdvark “Snoet-Alleen”; en dit is ook waar Onderplaas en Kleinplasie geleë is in “’n Tuiste vir Bitis”. Tydens haar werkloopbaan by John Malherbe Uitgewers begin sy om bekroonde kinderboeke in Afrikaans te vertaal, wat die dryfveer word vir haar eie skryfwerk. Sy vertaal eindelik digby 150 kinderboeke, sommige in rym, uit ander tale.
Sy skryf verskeie prenteboeke vir kleiner kinders. Die eerste drie is almal vrye verwerkings van bekende stories. ’n Ou Wolf-en-Jakkals verhaal is die bron van “Botter-aas” en verhale van die Grimm-broers vorm die basis van “Stadsmuis en veldmuis” en “Die stadsmusikante”. Die C.P. Hoogenhout-medalje word in 1966 aan die illustrasies van “Botter-aas” en in 1967 aan die illustrasies van “Die stadsmusikante” toegeken. Vir hierdie boeke is die illustrasies eerste gemaak en het sy die verhaal aangepas om die illustrasies te interpreteer, sonder om afbreuk te doen aan die oorspronklike verhaal.
Haar eerste oorspronklike prenteboek is “Jos en die sog”, waar sy eers die teks skryf en dit dan deur Cora Coetzee laat illustreer. Dit is die storie van ’n vark, ’n ongewone storiekarakter. Deur ’n vernuftige herhaling van woorde en klanke maak Freda van die bont sog en van die seuntjie Jos lewende karakters en van ’n eenvoudige gegewe ’n onderhoudende verhaal. Hierna volg “Jos en die bok”, wat in 1973 die Tienie Holloway-medalje verwerf en ook deur Cora Coetzee geïllustreer word. Weereens word die plaaslewe eg en oortuigend geteken, met die onverwagte wending in die vertelling dat Jos eers die bok jaag en die bok dan vir Jos, die spanning en ook die humor vir die kinderleser verhoog. Die bure se bok loop in die pad langs die draad en is onwelkom, sodat Jos se ma vir Jos vra om die bok weg te jaag. Die bok dink egter Jos wil met hom speel. “Die kraai wat Jantjie was” vertel die verhaal van ’n kraai wat eerder ’n pou wou wees. Hy gaan tel toe pouvere op en plak dit op sy lyf met doringboomgom en hierdie petalje kos hom byna sy lewe. Hierna is hy alleen, maar baie wyser as voorheen. In “Maraaia Prima-donna” (in Engels vertaal as “Maraaia Prima Donna, the story of a street-cat”) is Maraaia ’n straatkat wat gereeld deur die honde gejaag word. Wanneer hulle haar eendag weer jaag, hardloop sy in ’n man se huis in, wat dan jammer voel vir haar en haar aanneem. Nou word die rolle omgeruil en is dit sy wat die honde terg en die naam Prima-donna kry, want sy leef amper soos ’n koningin. Daar is egter steeds begeertes uit haar vroeëre lewe, veral as sy saans wil gaan rondloop maar nie kan nie, omdat die deur toegemaak is en sy nie kan uitgaan nie. Die prenteboek[4] “Die Keiserkroon” het vir Nel as hoofkarakter.[5] Sy en haar boetie Rupert en haar ouers trek van Kaapstad na Keetmanshoop in Namibië. Nel is ongelukkig, want sy het haar beste maat in die Kaap agtergelaat. Buite die dorp is daar ’n koppie met ’n kroontjie op sy kop en die mense sê as jy by die Keiserkroon wens, kom dit waar. Nel wil gaan wens om na haar maat te kan gaan, maar die wind ruis soos fyn musiek in hierdie landstreek en die klipharde kameeldoringpeul het dons soos fluweel oor hom. Aangeraak deur hierdie skoonheid, verander Nel die inhoud van haar wens. Die Keiserkroon lyk naby, maar Nel loop vir baie lank en dit kom nie nader nie, sodat die Keiserkroon simbolies word van die onbereikbare, maar ook van bevryding. Die boek is ’n ontdekkingstog in die mistieke kwaliteit van die verhouding tussen mens en natuur. In 1985 verower “Die keiserkroon” die Tienie Holloway-medalje. In die Daan Retief Uitgewers kleuterverhaalwedstryd van 1991 verower “Pienke” die eerste prys.
Vir ongeveer 7-9 jariges (met baie illustrasies maar nie primêr ’n prenteboek nie) skryf Freda ook ’n groot aantal boeke. Die derde boek met Jos as hoofkarakter is “Jos en Klos”, wat in 1973 met die C.P. Hoogenhout-medalje vir kinderlektuur bekroon word. Klos is ’n hanslammetjie wat Jos se troeteldier en speelmaat word. Klos word egter groot en leer om te stamp en tant Myrtle kom dan kuier. Hierdie boek is deur Marjorie Wallace geïllustreer. In “Dakkuiken” is ’n fantasie-element asook ’n simboliese laag ingebou, wat skaars is vir hierdie ouderdomsgroep. Hansie wil ’n kransduifkuiken hou wat seer gekry het en wat hy gesond gedokter het. Sy begeerte is om Dakkuiken se vlerke kort te hou en hom nooit te laat wegvlieg nie, sodat hy self vir hom die ruie bos kan gaan wys, die gevaarlike rivier en die rietbos waar die geelslang hou. Op verskeie maniere leer hy dan dat hy die duif sy vryheid moet gee. Hierdie boek word in Duits vertaal as “Das Täubchen auf dem Dach” en word hoog aanbeveel deur die C.P. Hoogenhout-pryskomitee vir die toekenning van 1965. “Snoet-alleen” (met illustrasies deur Peter Clarke) word in Engels en Duits vertaal en in 1964 met die C.P. Hoogenhout-medalje vir die beste kinderboek bekroon. Dit word ook die eerste Afrikaanse kinderboek wat in die Verenigde State van Amerika uitgegee word (in 1969 onder die titel “Toto and the aardvark”). Hierin word ’n klein swart seuntjie (Toto) teenoor ’n erdvark geplaas, wat bykans ’n mitologiese karakter word. Die boek bevat ook elemente van fantasie, met verbeeldingskarakters en ’n nagtelike droomwêreld wat ’n integrale deel vorm van die verhaal. Toto se broer Goliat kry ’n erdvarkgat naby die rivier en hy wil die erdvark gaan doodmaak, iets wat Toto nie wil hê nie. Sy kommer oor die veiligheid van die erdvark lei daartoe dat die erdvark Snoet-Alleen een aand in ’n fantasie toneel haarself aan hom kom voorstel. Toto se verlange om haar weer te sien, lei tot ’n ontdekking van die natuur waarin fantasie en werklikheid mekaar voortdurend afwissel. Toto maak nou kennis met ’n naaldekoker, ’n mot en ’n hottentotsgot wat hom inlei in die geheimenisse van die natuur. Indrukwekkend in hierdie verhaal is hoe die kinders se ras subtiel ter sprake gebring word en die verskillende karakters se persoonlikhede uitgebou word, byvoorbeeld Toto se broer Awie in teenstelling met sy broer Goliat.[6] “Prinses van die park” is die verhaal van die opsigter van ’n voëlpark, Phinias, se mak kraanvoël Disa met die een blinde oog en die elfjarige Jan, seun van die parkkomitee se voorsitter. Jan leer baie van Phinias en kyk in bewondering hoe hy met Disa dans. Wanneer ’n oorsese besoeker Phinias te opgewonde aan die skouer klop, bevlieg Disa hom uit jaloesie en ter verdediging. Die beheerraad besluit die voël moet doodgemaak word, maar Phinias vlug met haar na veiligheid. Verskuil agter die eenvoudige gegewe lewer die skrywer subtiele sosiale kritiek op die volwassene en die samelewing, veral in die uitbeelding van onverskilligheid teenoor “onbelangrike” mense en die natuur. “Prinses van die park” kry in 1984 eervolle vermelding by die toekenning van die C.P. Hoogenhout-prys. In “Die kokkewiet en sy vrou”[7] is Martinus die enigste kind van sy ouers en hy bly op Onderplaas, terwyl twee ou mense langsaan op Kleinplasie bly. Hulle het net mekaar en twee kokkewiete wat in die tuin boer, met Martinus wat graag daar kuier. Op ’n dag spuit die ou oom die plant waarin die kokkewiete nes maak en daarna kom die kokkewiete nie meer terug nie, sodat die hele atmosfeer op die plaas verander en mistroostig word. Martinus kry ’n dooie kokkewiet in die veld en wys dit vir die oom, wat hom verbied om dit vir die ou tante te wys, omdat hy haar wil beskerm. Later kom die kokkewiet terug, maar hy het nou ’n tweede vrou wat nog wild is. Die skrywer slaag daarin om met die uitbeelding van die voëls vergelykings (ooreenkomste en teenstellings) te tref tussen die voëls en die ou mense se verhoudings en ook die persoonlikhede van die karakters sterk uit te bou. “Die kokkewiet en sy vrou” verower die C.P. Hoogenhout-medalje in 1977. Swiera is ’n riethaantjie en “Swiera van die Waterkant” word later heruitgegee onder die titel “Vlug na Sonnige Oewer”.[8] Swiera se tuiste is eintlik Sonnige Oewer, maar wanneer dit oorstroom gaan sy na Sakkiesdal. Hier vertel Koningvisser haar dat daar ’n snaakse paartjie in die hoep-hoep nes in die rivierwal by Sonnige Oewer ingetrek het. Die hoep-hoep Blomjas het vir Vaalkoppie die mossie soontoe gehelp nadat die boer se seun Vaalkoppie se vlerk met sy rekker afgeskiet het. Hier sukkel hulle voort teen hulle vyande, die boer se seun en Konkelkaats die kat. Hoewel die karakters voëls is, word die verhoudings wat daar tussen hulle heers simbolies van menseverhoudings. Hierdie boek het ook ’n religieuse ondertoon, met Oubaas Juriaanse wat as goed uitgebeeld word (iets van ’n godheid) in wie se teenwoordigheid dinge goed gaan. Met sy terugkeer word die bose seun en Konkelkaats dan ook verdryf. In Daan Retief Uitgewers se kleuter verhaalwedstryd behaal “Vlug na sonnige oewer” in 1982 ’n silwer medalje. Die illustrasies van Elizabeth Pulles in “Die fluitspeler” word in 1987 met die eerste prys bekroon in Daan Retief Uitgewers se wedstryd vir kinderboekillustrasies. Frik is ’n fluitspeler, wat self sy rietfluite maak en verkoop. Teen wil en dank raak hy betrokke by die hawelose seun Springer, wat by ’n bende betrokke is. Frik se ma gee vir Springer onderdak en hy help met die huiswerk en vir Frik om fluite te maak om te verkoop. Frik se eie fluit met die rooi koord om klink baie mooier as enige van die fluite wat hulle maak en Springer begeer hierdie fluit en bedink dan ’n slinkse plan om dit te bekom. Eindelik leer Springer om nie te bedrieg nie en Frik leer om verdraagsaam te wees. “Eenders en anders”[9] is gemik op 8-12 jariges, waarin op die oog af die syfers een tot vyf behandel word en hoe die getalle in die natuur voorkom.[10] Dit is egter meer as dit en word ook ’n boek vir nadink, wat ’n blik bied op die patrone wat in die wêreld aangetref word en hoe die mens as groep en enkeling daarby inpas. Die skrywer maak gebruik van veral inheemse fauna en flora om elke syferbegrip aan die kind oor te dra, maar terselfdertyd sit sy die kind aan die dink oor die kosbaarheid van lewe en dit wat ons het en waarom ons dit moet bewaar. “Eenders en anders” word in 2000 met die M.E.R.-prys bekroon en is ook in 2000 die naaswenner van die ATKV-kinderboekprys vir ouderdomsgroep 8-9 jaar.
Vir ongeveer 10-12 jariges is “Ken jy die kierangbos”. Hierin speel Swiera weer ’n rol, hierdie keer as slegs een van ’n hele swerm voëls. Elkeen het egter ’n eie karakter, soos Spikkels, die tarentaal wat nie kan vlieg nie en vir hom ’n paadjie oophardloop agter die swerm aan; Brem, die waterhoender, wat graag in raaisels praat; en die selfsugtige Swartspaan. Die voëls vermy dit om oor die kierangbos te vlieg. Hierdie bos is soos sy naam aandui ’n bedrieglike bos, want as jy daaroor vlieg sien jy altyd iets wat lyk na iets, maar as jy daar kom, is dit iets heel anders. Eendag word Swiera verlei om oor die bos te vlieg op soek na ander riethane en daarmee begin ’n avontuur waarna niks meer dieselfde as voorheen is nie. Daar is ’n sterk filosofiese onderbou aan hierdie verhaal. Die voëlkarakters se wedervaringe in die papkuil en riet en die geheimenisse van die kierangbos gee die basis vir ’n menslike liefdesdriehoek, ’n religieuse en natuurervaring en ’n standpunt teen die destydse wet op gemengde huwelike. Die Koning van die Kierangbos (die pers vlieër) is ook ’n duidelike versinnebeelding van Christus. Hierdie is dus ’n meervlakkige verhaal, waar die vlakke heg inmekaar geweef is. Die illustrasies vir hierdie boek is deur Peter Clarke. In[11] “Strepie en Kurfie” is Lukas saam met sy pa by die see vir die vakansie. Saans teken hulle en leer sy pa hom dat die streep en die sirkel (met die kurwe as deel van die sirkel) die begin van alle tekeninge is en uit hierdie eenvoudige maar eindelik tog ingewikkelde komposisie van elke denkbare vorm groei hierdie fantasieverhaal. Die titel verwys dan na die streep en die kurwe en Strepie en Kurfie word twee fantasiewesens wat van Tydal kom, want hulle was en is orals en altyd. Strepie verskyn na skool op Lukas se lessenaar en neem hom saam na Tydal, waar hulle allerhande avonture beleef. Dis veral hulle dans wat betowerend is, want sonder Kurfie is Strepie net ’n streep, en sonder Strepie is Kurfie ’n ronde nul. Saam is hulle ontelbare dinge, elke vorm in die heelal. “Strepie en Kurfie” verower in 1989 die Alba Bouwer-prys. ’n Ou kinderverhaal wat Freda in Afrikaans verwerk, word in 1990 om “godsdienstige redes” onaanvaarbaar bevind vir die destydse Transvaalse Biblioteekdiens. Hierdie boek, “Maanwys”, vertel die verhaal van ’n trop olifante tydens ’n droogte. Koning Groottand stuur die olifante om water te soek, waarna hulle ’n meer ontdek, maar dis die Maan se meer en die woonplek van konyne. Dié se huise word vertrap, en Maanwys Konyn, die konyn van die Maan, gaan praat met die indringers omdat hulle die Maan se heiligdom onteer het. Hy sê hulle aan om voor die Maan te kniel en hom om vergiffenis te vra. Die olifante doen dit en trek dan weg. Die verhaal is gegrond op ’n fabel uit die “Panchatantra”, ’n versameling moraliteitsverhale wat in Sanskrit opgeteken is.
“In die boog van die sekel”[12] is ’n feiteboek oor graan vir 12-16 jariges en die verhaal begin sowat tienduisend jaar gelede, toe graanbou vir die eerste keer beoefen is met die vestiging van die eerste beskawing. Veral drie beskawings word ondersoek, naamlik Egipte, Palestina en Sumerië. Met die plant van graan het landbou begin en hieruit ook die mens se stapelvoedsel, met invloed op die ontwikkeling van die beskawing en die vestiging van sommige van die mooiste simbole van die Christelike samelewing.
Haar jeugboeke is “Die singende gras” en “’n Tuiste vir Bitis”. Hierdie is realistiese verhale waarin ’n wêreld en mense op konkrete wyse gestalte kry. Benewens die sterk verhaalelement is ’n besondere sterkpunt van albei verhale die wyse waarop rasseverhoudinge subtiel betrek word.[13] “Die singende gras”[14] speel in Namibië af, waar die Damara-seun Lans se pa hom by die hotel langs die nasionale pad na die Hardapreservaat los. Hy kry werk by die eienaars van die hotel, met die doel om die kameel Jesha op te pas wat hulle gekoop het as ’n toeriste-attraksie. Die kameel is egter verwaarloos en daar is duidelike fout met sy gesondheid, maar Lans word baie lief vir haar. Intussen neem hy die grootmenslewe waar, waarvan hy nie veel verstaan nie. Daar is huweliksonmin, oneerlike werkers en bedenklike saketransaksies. Eindelik word die kameel as slagding verkoop en Lans moet vir Jesha na sy nuwe eienaar neem, maar die kameel sterf op die reis. Hy vrees die gevolge hiervan, want nou sal hy afgedank word, maar die nuwe eienaar neem hom onder sy vlerke en koop selfs ’n jong kameel, wat Lans se eiendom kan word na sewe jaar. In die boek word die menslike verhoudinge in ’n veelrassige klein gemeenskap sensitief belig terwyl die boek ’n roerende pleidooi word vir die behoud van die natuurlewe in die aangesig van vernietiging. Die verhaal, die mensbeelding, die landskap en die natuuragtergrond word puik saamgesnoer tot ’n stilistiese eenheid. Hierdie boek word onder andere in Engels, Duits en die inheemse Namibiese tale Nama en Kwanyama vertaal. In 1974 word “Die singende gras” met die Scheepers-prys bekroon en hierdie boek verwerf ook die W.A. Hofmeyr-prys in 1976. Die Kinderboekforum van Namibië ken in 1990 ’n goue medalje aan haar toe vir “Die singende gras”. In[15] “’n Tuiste vir Bitis” is dieselfde Martinus van[16] “Die kokkewiet en sy vrou” die hoofkarakter. Hierdie verhaal gaan oor sy vriendskap met die pofadder Bitis,[17] wat hy probeer mak maak. Daar is egter ander mense wat dreig om Bitis dood te maak en Martinus bou ’n hok vir haar en laat haar giftande trek. Die ouderling, Stoffeltjie Boberg, kom praat selfs met Martinus se ouers en verwoord die gevoel van ’n aantal mense dat Martinus se preokkupasie met die slang ’n omgang met Satan is. Nadat sy bruin maat Dawid deur ’n vreemde pofadder gepik word, dwing Martinus se ma hom egter om van Bitis ontslae te raak en Bitis gaan na die veearts wat haar onskadelik gemaak het. Sy kry kleintjies en eindelik laat hulle haar vry in die Bontebokpark, waar sy weer in die natuur kan wees. In hierdie boeke slaag Freda Linde veral goed daarin om die spanning te laat oplaai oor wat eindelik van Lans en Bitis gaan word. In 1980 word ’n tweede prys in Die Huisgenoot en Tafelberg-Uitgewers se wedstryd vir ’n jeugboek aan “’n Tuiste vir Bitis” toegeken en die Scheepers-prys word in 1983 ook aan hierdie boek toegeken.
Poësie[wysig | wysig bron]
Sy skryf ook versies. “Die sirkus” (vir kleuters) se oorspronklike Engelse uitgawe was sonder enige teks, met slegs Brian Wildsmith se illustrasies van sirkustonele, wat ’n sirkusvertoning van die begin tot einde uitbeeld. Freda skryf dan versies vir die illustrasies, waarin sy op die klankwaarde van die woorde steun eerder as slegs endrym. “As jy kan fluit op hierdie maat” is versies vir 8-10 jariges oor plante, voëls en diere en word hoog aanbeveel deur die C.P. Hoogenhout-pryskomitee vir die toekenning van 1964. Humor word in die versies ingebou deur die situasie, maar ook met die vernuftige gebruik van klankverskuiwing, soos in “Oggend-lewe” waar die tempo deur die klankgebruik aan die einde vertraag word.[18] “By die oog van die fontein” is kinderrympies vir ongeveer 10-12 jariges, waarin spreekwoorde en segswyses berym word, met verskeie idiome wat op kunstige wyse in die tema en rym ingevleg is. Satire is nie uitgesluit nie, soos in “Die goeie wagters”, terwyl etlike van die versies ook verhale op rym is. Die spreekwoorde kom meestal aan die einde van die rympie voor, met die verklaring wat vooraf deur ’n verhaaltjie gegee word. Die C.P. Hoogenhout-medalje word in 1974 toegeken aan “By die oog van die fontein”. Van haar versies word in versamelbundels opgeneem, onder andere in “’n Rooie met ratte, Pa” onder redaksie van Temple Hauptfleisch en Ulla Schüler, in “Storiehuis Woordpaleis”, in D.J. Opperman se “Nuwe Kleuterverseboek”, Fanie Olivier se “Goudaar” en in Gerrit Komrij se “Die Afrikaanse poësie in ’n duisend en enkele gedigte”.
Drama[wysig | wysig bron]
In standerd ses skryf sy haar eerste toneelstukkie “Die konfytdief” en in standerd tien wen sy ’n eerste prys met die oorspronklike eenbedryf “Antonie”. Sy en haar klasmaats voer dit op en wen ook met die opvoering ’n eerste prys by die Eisteddfod. In 1959 skryf sy “Die bloekombos” vir die halfeeufees-wedstryd van die Heidelbergse Onderwyskollege en sy wen dan ook ’n prys hiermee. As dramaturg publiseer sy die bundel eenbedrywe[19] “Die gesiglose en ander eenbedrywe”.[20] Hierdie bundel bevat die eenbedrywe “Die gesiglose”, “Die droster” en “Dagbreek by Sint Lukas”.[21] “Die gesiglose” is die sterkste eenbedryf in die bundel.[22] Hierin kom ’n man dertig jaar na die oorlog as onherkenbaar verminkte tuis. Sy twee susters (Helena en Dina) verkies die droombeeld wat hulle van hom gehad het teenoor die harde werklikheid en in stede om hom te verwelkom, is hy ’n bedreiging. Sy byna blinde moeder word laat van sy teenwoordigheid bewus en herken hom wel, maar sy susters beskou haar reaksie as dié van ’n seniele. Wanneer hy weg is, besef een suster wie hy regtig was. Die spanning bou geleidelik op in hierdie eenbedryf soos die vreemdeling al hoe meer van sy ware identiteit bekend maak en die kontras tussen illusie en werklikheid en die beperktheid van menslike liefde op dramatiese wyse aangetoon word. “Die droster” se hoofkarakter, die vroeëre onderwyseres mevrou Molen, is as gevolg van beroerte verlam en het haar spraak verloor, sodat sy slegs deur middel van gebare en geskrewe boodskappe kommunikeer. Haar voormalige leerling Douw de Jager daag op, wat sterk veronreg voel deur haar optrede in die verlede, maar nie verwag om haar in hierdie toestand aan te tref nie. Hy beskryf sy mislukkings en frustrasies aan mevrou Molen, wat hom natuurlik nie kan help nie en wend hom dan tot die simpatieke verpleegster Bredenkamp. In die loop van sy gesprekke word besin oor die betekenis van ware sukses in die lewe. “Dagbreek by Sint Lukas” is ’n drama oor die subtiele verlies aan onskuld, selfs in ’n geval waar daar van werklike skuld nie sprake is nie. Die karakters is vier seuns in ’n Rooms-Katolieke verpleeginrigting, waarvan drie aan beentering ly en nie kan loop nie en die vierde ’n geestelik vertraagde is. ’n Onbekende pasiënt word by hulle ingestoot, onherkenbaar toegewikkel in verbande en met ’n velsiekte wat ’n onaangename reuk tot gevolg het. Hy is reeds dood, maar die vier is onbewus daarvan en die swaksinnige dryf ’n pen in sy kop in. Die seuns blameer mekaar dan omdat hulle nie die swaksinnige beheer het nie. Van Freda Linde se dramas word ook oor die radio uitgesaai.
Eerbewyse[wysig | wysig bron]
Freda Linde is die mees bekroonde kinderboekskrywer in Afrikaans. Benewens die talle pryse vir haar boeke kry sy ook op ander wyse erkenning vir haar werk. ’n Dokumentêre televisieprogram oor haar lewe en werk word in 1981 deur Penguin Films gemaak en oor die senders van SAUK-TV gebeeldsaai. Carl Lohann stel die boek “Freda Linde” oor haar lewe en werk saam, wat in 1983 deur Perskor uitgegee is. In 1987 vereer die Hoërskool Jan van Riebeeck haar met ’n erepenning en in 2004 ken die Suid-Afrikaanse Kinderboekvereniging ’n erepenning aan haar toe. Verskeie van haar boeke word in Engels en Duits vertaal, asook in Afrika-tale soos Xhosa, Tswana, Zoeloe, Suid-Sotho, Nama en Kwanyama.
Bekronings[wysig | wysig bron]
- MER-prys, 2000
- Alba Bouwerprys vir Kinderliteratuur, 1989
- Scheepersprys vir Jeugliteratuur, 1974 & 1983
- Tienie Hollowaymedalje vir Kleuterliteratuur, 1973 & 1988
- W.A. Hofmeyrprys, 1976
- C.P. Hoogenhoutprys, 1964, 1973, 1974, 1977
Publikasies[wysig | wysig bron]
Jaar | Publikasies |
---|---|
1944 | Terug na die mimosas en ander essays |
1959 | Swiera van die waterkant |
1962 | Vreemdeling in my stad |
1963 | Die rooi haan |
1964 | Snoet-Alleen |
As jy kan fluit op hierdie maat | |
1965 | Dakkuiken |
1966 | Botter-aas |
1967 | Ken jy die kierangbos |
Die stadsmusikante | |
1969 | Stadsmuis en veldmuis |
1970 | Maraaia Prima-donna |
1971 | Jos en die sog |
1972 | Jos en die bok |
1973 | Jos en Klos |
Die kraai wat Jantjie was | |
Die singende gras | |
1974 | By die oog van die fontein |
1975 | In die boog van die sekel |
The singing grass | |
1977 | Die kokkewiet en sy vrou |
1979 | Die sirkus |
1980 | ’n Tuiste vir Bitis |
Die gesiglose en ander eenbedrywe | |
1982 | Prinses van die park |
Vlug na sonnige oewer | |
1984 | Die keiserkroon |
1985 | Mevrou Hesseltuin se duiwe |
1987 | Die fluitspeler |
Strepie en Kurfie | |
1989 | Maanwys |
1991 | Pienke |
1998 | ’n Vlieër in die wind |
1999 | Eenders en anders |
2002 | Die stemme in die berge |
Vertalings | |
1966 | Die wit reier – Sarah Orne Jewett |
1968 | Bontjie – Julia Cunningham |
Charlie, Charlotte en die goudgeel kanarie – Charles Keeping | |
Josef se plant – Charles Keeping | |
Wie is wie? – Evaline Ness | |
1969 | Die meulenaar, sy seun en die esel – Jean de la Fontaine |
Die middelste jakkalsie – Pearl S. Buck | |
1970 | Borka – John Burningham |
Jennifer en Jossie – Bill Peet | |
1971 | Die ruspe wat so honger was – Eric Carle |
1972 | Die prinses en die leeu – Elizabeth Coatsworth |
Rosetta die hen – Pat Hutchins | |
Die snaakse eendjie – Brian Wildsmith | |
Die swart swaan – Joan Woodberry | |
Thabo se ruil – Liza Needham | |
Die towenaar se leerling – Barbara Hazen | |
Die twaalf geskenke – Brian Wildsmith | |
’n Vaarwel by Olimpia – Rosemary Sutcliff | |
1973 | Die haan wat wou reis – Eric Carle |
Die keiser se nuwe klere – Hans Andersen | |
Die lui beer – Brian Wildsmith | |
Die man wat berge versit het – Monique Michel-Dansac | |
Die ses swane – Broers Grimm | |
Skopman die mol – Luis Murschetz | |
’n Vis is ’n vis – Leo Lionni | |
1974 | Buurman Vos – Marcia Brown |
Die Drie Ramme Rof – Paul Galdone | |
Eekhorinkies – Brian Wildsmith | |
Die eendjies kom – Robert McCloskey | |
Eenmaal ’n mens – Marcia Brown | |
Jannie die Klokmaker – Edward Ardizzone | |
Jasmyn – Roger Duvoisin | |
Die kleine Moek – Wilhelm Hauff | |
Lennie – Robert McCloskey | |
Die muise en die maskers – Leo Lionni | |
Die ou brulpadda – Berniece Freschet | |
Paul die held van die sirkus – Edward Ardizzone | |
Tim se heldedaad – Edward Ardizzone | |
Die towerperd – Maryke Reesink | |
1975 | Dawie se laaste wagdag – Bernadette Watts |
Die Lied van die swaeltjies – Leo Politi | |
Moeder Babbelkous en die wonderlike avonture van haar seun Koos – Paul Galdone | |
Sias en die karperd – Charles Keeping | |
Tim Stok-alleen – Edward Ardizzone | |
1976 | Anansi die spinnekop – Gerald McDermott |
Baasman Smal – Lois Lenski | |
Barbara en die waaierstert-muis – Celestino en Ursula Piatti | |
Die eiland – Ian Ribbons | |
Klein Tim en die dapper seekaptein – Edward Ardizzone | |
Die lug was blou – Charlotte Zolotow | |
Die mooiste van almal – William Papas | |
Om ’n boom te hê – Janice May Udry | |
Ou Winkie en die meeue – Elizabeth en Gerald Rose | |
Peet en die skat – Edward Ardizzone | |
Sardyn en die Engel – Bettina | |
Skoene geskik vir ’n koning – Helen E. Bill | |
Die tekenaars – Margret en H.A. Rey | |
Tim en Charlotte – Edward Ardizzon | |
Tim in gevaar – Edward Ardizzone | |
Vissie sonder skool – Evelyn Shaw | |
1977 | Amigo – Byrd Baylor Schweitzer |
Ding dang dong dis Kersfees – Janina Domanska | |
Hoekom muskiete in mense se ore gons – Verna Ardema | |
Die keiser en die vlieër – Jane Yolen | |
Die klein plasie – Lois Lenski | |
Die konyntjies en die slang – Leo Lionni | |
Op Kersnag – Margaret Wise Brown | |
Pappa Smal – Lois Lenski | |
Petunia – Roger Duvoisin | |
’n Reënboog net vir my – Don Freeman | |
Die rooi bantam – Louise Fatio | |
Die sewende mandaryn – Jane Yolen | |
Skoene geskenk vir ’n koning – Helen E. Bill | |
1978 | Die blou jakkals – Marcia Brown |
Die ene sneeu – Ezra Jack Keats | |
Die gelukkige leeu – Louise Fatio | |
Kosie, Skote en Kammalielies – Evaline Ness | |
Rol roosterkoek, rol! – Ruth Sawyer | |
Slaap kindjie – Marcia Zemach | |
Vos-oë – Margaret Wise Brown | |
1979 | Die boontjieseun – Joan Chase Bowden |
’n Brief vir Amy – Ezra Jack Keats | |
Fluit vir Willie – Ezra Jack Keats | |
Kool word skeepskok – Edw | |
Die legende van die wilgerbord – Alvin Tresselt en Nancy Cleaver | |
Die liefde van ’n boom – Shel Silverton | |
Meneer Maanskyn en Omar – James Holding | |
Peet se stoeltjie – Ezra Jack Keats | |
Petunia pasop – Roger Duvoisin | |
Die seun wat wolf geskreeu het – Katherine Evans | |
Terwyl die wind waai – Margaret Wise Brown | |
Die twee beertjies – James Reeves | |
1981 | Aladdin en die wonderlike lamp – Andrew Lang |
Dis mos toor! – Robert Lopshire | |
Die kinderbrug – Max Bolliger | |
Die laaste boom – Kurt Baumann | |
Die mooiste lied – Max Bolliger | |
Die muishuis – Rumer Godden | |
Die ontevrede prinsie – Max Bolliger | |
Professor Noag se ruimteskip – Brian Wildsmith | |
Skoonlief en die monster – Rosemary Harris | |
Die stadsheks en die plaasheks – Jay Williams | |
1982 | Baboesjka en die drie konings – Ruth Robbins |
Duimelise – Hans Christian Andersen | |
Geraldine, die musiekmuis – Leo Lionni | |
Die lang tog na die reënbooghart – Dick Latimer | |
Rosetta die hen – Pat Hutchins | |
Die standvastige bliksoldaat – Hans Christian Andersen | |
Die towenaar se kissie – Margaret Ramsbottom | |
Die verstommende vark – Paul Galdone | |
Goudskepel – Jürg Obrist | |
1984 | Die kraaiseun – Taro Yashima |
Nicolaas en die bere – Paddy Bouma Niehaus | |
Die nuwe dag wag – Linda Z. Knab | |
Die sewe rawe – Broers Grimm | |
Die wolkeskoene – Borghild Dahl | |
Die geskenk van die wyse – O. Henry | |
Klein wilde olifant – Anna Michel | |
Die ou vrou in die bottelhuis – Rumer Godden | |
Rabbedoesie – Rumer Godden | |
Sambreel – Taro Yashima | |
Die selfsugtige reus – Oscar Wilde | |
Speel met my – Marie Hall Ets | |
1985 | Die Oskar-man – Donald Hall |
1987 | Dit reën! Dit reën! – James Skofield |
Goue-Dons – Rumer Godden | |
Kom speel buite – Jeanette Winter | |
Madeleine – Ludwig Bemelmans | |
Die paddas – Leo Lionni | |
1988 | Die swemmertjie – Leo Lionni |
1989 | Vlieg hoog vlieg laag – Don Freeman |
1990 | ’n Familie katjies – Rumer Godden |
Die reënmaker van Kapiti – Verna Aardema | |
Tiko en die goue vlerke – Leo Lionni | |
1991 | Daar doer – Tony Johnston |
’n Tyd van wonder – Robert McCloskey | |
1992 | Frederik – Leo Lionni |
1993 | Die bokbroers en die trol – P.C. Asbjornsen en J.E. Moe |
1994 | Bennie se skuur – Reeve Lindbergh |
1995 | ’n Vry konyn – Nancy Willard |
Bronnelys[wysig | wysig bron]
Boeke[wysig | wysig bron]
- Antonissen, Rob “Die Afrikaanse letterkunde van aanvang tot hede” Nasou Beperk Derde hersiene uitgawe Tweede druk 1964
- Botha, Danie “Die helder dae” Tafelberg-Uitgewers Beperk Kaapstad Eerste uitgawe 2014
- Botha, Elize “Afrikaanse essayiste” Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Vyfde druk 1975
- Botha, Elize “Prosakroniek” Tafelberg Uitgewers Bpk. Kaapstad Eerste uitgawe 1987
- Brink, André P. e.a. “Rooi” John Malherbe Edms. Bpk. Kaapstad Tweede hersiene uitgawe 1982
- Dekker, G. “Afrikaanse Literatuurgeskiedenis” Nasou Beperk Kaapstad Elfde druk 1970
- Grobler, Hilda “Bolder” Blokboeke 57 Academica Pretoria en Kaapstad Eerste uitgawe 1988
- Grové, A.P. “Letterkundige sakwoordeboek vir Afrikaans” Nasou Beperk Vyfde uitgawe Eerste druk 1988
- Kannemeyer, J.C. “Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 2” Academica, Pretoria, Kaapstad en Johannesburg Eerste uitgawe Eerste druk 1983
- Kannemeyer, J.C. “Die Afrikaanse literatuur 1652-2004” Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe 2005
- Lohann, Carl (red.) “Freda Linde” Perskor Johannesburg en Kaapstad Eerste uitgawe Eerste druk 1983
- Nienaber, P.J. et al “Perspektief en Profiel” Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Derde hersiene uitgawe 1969
- Steenberg, Elsabe “Kinderverhale van ses tot twaalf” Reuse-Blokboek 7 Academica Pretoria en Kaapstad Tweede druk 1984
- Van Coller, H.P. (red.) “Perspektief en Profiel Deel I” J.L. van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 1998
- Van Coller, H.P. (red.) “Perspektief en Profiel Deel 2” J.L. van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 1999
- Wybenga, Gretel en Snyman, Maritha (reds.) “Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom” Lapa-Uitgewers Eerste uitgawe Tweede druk 2005
Tydskrifte en koerante[wysig | wysig bron]
- Anoniem “Die Namibiese gras sing vir Freda Linde ’n loflied” “Die Burger” 3 Maart 1990
- Anoniem “Vernuwende werk was nog altyd Freda Linde se waarmerk” “Beeld” 16 Desember 2005
- Botha, Amanda “Haar boeke bekoor alle kinders” “Die Transvaler” 29 Desember 1979
- Botha, Amanda “Freda Linde: mees bekroonde kinder- en jeugboekskrywer in Afrikaans” “Kakkerlak” Uitgawe 5, 2006
- Mittner, Esme “Freda Linde – sy skryf van ons beste jeugboeke” “Die Huisvrou” Oktober 1975
- Pienaar, Lydia “’n Ryp visioen” “Beeld” 13 September 1976
- Scholtz, Hettie “Enig in haar soort” “Insig” Oktober 1999
- Snyman, Lydia “Alba Bouwer-prys vir Kinderliteratuur aan Freda Linde: Huldigingswoord” Tydskrif vir Letterkunde” Jaargang 28 no. 2, Mei 1990
- Steenberg, Elsabe “Karakters en verhoudings in ‘Die singende gras”” “Tydskrif vir Letterkunde” Nuwe reeks 14 no. 4, November 1976
Internet[wysig | wysig bron]
- Botha, Amanda LitNet: http://www.litnet.co.za/freda-linde-19152013/
- De Vos, Philip Versindaba: http://versindaba.co.za/2013/03/08/philip-de-vos-freda-linde/
- Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Linde,_Freda:
- Le Roux, André Die Burger: http://220.127.116.11/argief/berigte/dieburger/1990/04/19/13/1.html
- LitNet ATKV-Skrywersalbum 2 Mei 2013: www.litnet.co.za
- Marais, Willemien Volksblad: http://18.104.22.168/argief/berigte/volksblad/2005/12/13/VB/6/boekfreda.html
- Snyman, Lydia Beeld: http://22.214.171.124/argief/berigte/beeld/2005/12/16/B1/16/02.html
- Snyman, Lydia Die Burger: http://126.96.36.199/argief/berigte/dieburger/1995/11/15/10/3.html
- Snyman, Lydia Storiewerf: http://www.storiewerf.co.za/artikels-dinkskrum/patrone_linde.htm
- Stellenbosch Writers: http://www.stellenboschwriters.com/lindef.html
- Storiewerf: http://www.storiewerf.co.za/cv's/cv_fredalinde.htm ( )
- Wyngaard, Heindrich Die Burger: http://188.8.131.52/argief/berigte/dieburger/1996/11/20/6/2.html
Verwysings[wysig | wysig bron]
- Terblanche, Erica. "Freda Linde (1915–2013)". Besoek op 5 Augustus 2013.
- Freda Linde
- Opperman, D.J. “Verspreide opstelle” Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe 1977
- Snyman, Lydia “Tydskrif vir Geesteswetenskappe” Jaargang 26 no. 2, Junie 1986
- Snyman, Lydia “Kakkerlak”
- Snyman, Lydia “Tydskrif vir Geesteswetenskappe” Jaargang 23 no. 2, Junie 1983
- Pienaar, Lydia “Tydskrif vir Geesteswetenskappe” Jaargang 17 no. 3, September 1977
- Pienaar, Lydia “Tydskrif vir Geesteswetenskappe” Jaargang 22 no. 3, September 1982
- Anoniem “Rapport” 25 Julie 1999
- Aucamp, Hennie “Insig” Oktober 1999
- Snyman, Lydia “Tydskrif vir Geesteswetenskappe” Jaargang 28 no. 1, Maart 1988
- Wiehahn, Rialette “Tydskrif vir Geesteswetenskappe” Jaargang 16 no. 3, September 1976
- Brink, André P. “Die Huisgenoot” 15 Februarie 1974
- Wiehahn, Rialette “Tydskrif vir Geesteswetenskappe” Jaargang 15 no. 3, September 1975
- Kruger, Joan “Die Transvaler” 17 November 1980
- Pienaar, Lydia “Tydskrif vir Geesteswetenskappe” Jaargang 21 no. 1, Maart 1981
- Steenberg, Elsabe “Beeld” 1 Desember 1980
- Wiehahn, Rialette “Tydskrif vir Geesteswetenskappe” Jaargang 15 no. 3, September 1975
- Beneke, Hannes “Die Transvaler” 9 Maart 1981
- Conradie, P.J. “Standpunte” Nuwe reeks 158, April 1982
- Dommisse, Hermien “Tydskrif vir Letterkunde” Nuwe reeks 19 no. 3, Augustus 1981
- Nienaber-Luitingh, M. “Beeld” 22 September 1980
|
<urn:uuid:5c6019ef-9d17-4523-97db-7a0b5f694708>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Freda_Linde
|
2019-07-17T16:44:22Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525355.54/warc/CC-MAIN-20190717161703-20190717183703-00357.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 1.000001
| false
|
Anykščiai
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Litaue |
Etnografiese gewes | Aukštaitija |
Distriksmunisipaliteit | Anykščiai |
Koördinate | |
Stigting | Eerste verwysing 1440 |
Stadstatus | 1516 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 1 765 vk km |
Hoogte bo seevlak | 74 m |
Bevolking: | |
- Stadsgebied (2010) | 11 620 |
- Munisipaliteit (2010) | 32 637 |
- Bevolkingsdigtheid | 6,58/vk km |
Tydsone | EET (UTC +2) |
- Somertyd | EEST (UTC +3) |
Klimaat | |
- Tipe | Gematig |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | -°C |
- Gem. temp. Januarie/Julie | - / - °C |
- Gemiddelde jaarlikse neerslae | - mm |
Burgemeester | Sigutis Obelevičius |
Amptelike Webwerf | www.anyksciai.lt/ |
Na die stad, wat in 'n heuwelagtige landskap met meer as sewentig mere en by die samevloeiing van die Šventoji- en Anykšta-riviere geleë is, word dikwels ook as die "Weimar van Litaue" verwys: 'n aantal bekende literêre figure soos Antanas Baranauskas, Jonas Biliūnas en Antanas Vienuolis-Žukauskas is verbind met Anykščiai.
|
<urn:uuid:0b9ea6f1-4b47-4833-836c-28311871f340>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Anyk%C5%A1%C4%8Diai
|
2019-07-18T21:51:39Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525829.33/warc/CC-MAIN-20190718211312-20190718233312-00517.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.994526
| false
|
Kategorie:Militêre verdrae
Jump to navigation
Jump to search
Wikimedia Commons bevat media in verband met Military alliances. |
Hierdie blad bevat 'n opsomming van die artikels in Wikipedia wat verband hou met militêre verdrae.
|
<urn:uuid:afaa6cb2-0783-4d32-80c9-6a9f9f22dc0c>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Milit%C3%AAre_verdrae
|
2019-07-18T21:51:59Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525829.33/warc/CC-MAIN-20190718211312-20190718233312-00517.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.973257
| false
|
Friedrich III van Duitsland
Friedrich III | |
---|---|
Duitse keiser en koning van Pruise | |
Friedrich I
Vorstehuis | Hohenzollern |
Titels | Duitse keiser en koning van Pruise |
Regeer | 9 Maart 1888 – 15 Junie 1888 |
Voorganger | Wilhelm I |
Opvolger | Wilhelm II |
Volle naam | Friedrich Wilhelm Nikolaus Karl van Pruise |
Gebore | 18 Oktober 1831; Potsdam, Duitsland |
Oorlede | 15 Junie 1888; Potsdam, Duitsland |
Begrawe | Junie 1888; Vredenskerk, Potsdam, Duitsland |
Eggenoot | Victoria |
Kinders | Wilhelm II Charlotte, die Hertogin van Sakse-Meiningen Prins Heinrich Prins Sigismund Prinses Viktoria Prins Waldemar Sophie, Koningin van Griekeland Prinses Margarethe |
Vader | Wilhelm I |
Moeder | Augusta van Sachsen-Weimar-Eisenach |
Friedrich III uit die dinastie Hohenzollern, volle naam Friedrich Wilhelm Nikolaus Karl van Pruise, (* 18 Oktober 1831 in Potsdam, Duitsland; † 15 Junie 1888 in Potsdam) het 1888 as die tweede Duitse keiser en koning van Pruise geregeer.
Sy regeringsstyl was liberal en deur die keelkanker kon hy op sy kroning nie meer praat nie en sterf reeds ná 'n 56-jarige leeftyd.
|
<urn:uuid:f161b42d-0b19-49ba-9c84-c9b072fc4615>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Friedrich_III_van_Duitsland
|
2019-07-20T05:26:51Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526446.61/warc/CC-MAIN-20190720045157-20190720071157-00117.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.99334
| false
|
KabouterBot
Sjabloon:CommonsKategorie-inlyn → Sjabloon:Commons-kategorie inlyn
00:44
+1
thumb → duimnael
13:53
+6
Uitleg van bronteks
18:59
+12
Elana Barker
geen wysigingsopsomming nie
10:50
+10 085
02:57
+8
Burgert Behr
21:45
+16
Uitgebrei, klaar
18:34
+2 022
Uitgebrei, nog besig
18:22
+1 117
17:51
+3 232
Uitgebrei, besig
15:59
+321
Nuwe artikel, nog besig
15:47
+1 027
|
<urn:uuid:08ea3a0a-4fd9-4bf1-81e4-24d84c4f758c>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Geskiedenis/Holtedier
|
2019-07-21T10:30:33Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00277.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.888735
| false
|
Bert Koenders
Bert Koenders | |
Minister van Buitelandse Sake
Ampstermyn 2014 – 2017 | |
Voorafgegaan deur | Frans Timmermans |
---|---|
Opgevolg deur | Halbe Zijlstra |
Minister van Ontwikkelingssamenwerking
Ampstermyn 2007 – 2010 | |
Voorafgegaan deur | Agnes van Ardenne-van der Hoeven |
Opgevolg deur | Maxime Verhagen |
Persoonlike besonderhede
Gebore | 28 Mei 1958 Arnhem, Nederland |
Politieke party | PvdA |
Albert Gerard (Bert) Koenders (gebore 28 Mei 1958) is 'n Nederlandse voormalige diplomaat en politikus van die Party van die Arbeid (PvdA).
Opleiding[wysig | wysig bron]
Koenders het in Internasionale Betrekkinge en Internasionale Ekonomie aan die Universiteit van Amsterdam gegradueer. Hy het ook Internasionale Studies aan die Johns Hopkins Universiteit in Washington, D.C. en Bologna gestudeer.
Biografie[wysig | wysig bron]
Koenders was van 1997 tot 2007 'n lid gewees van die PvdA se Tweede Kamer-fraksie.
Van 2007 tot 2010 het hy minister van Ontwikkelingssamenwerking in die Balkenende IV-kabinet gewees.
Van 2011 tot 2014 het hy vir die Verenigde Nasies gewerk.
Bronne[wysig | wysig bron]
- ( ) www.parlement.nl
|
<urn:uuid:80dd5fbb-be44-4d17-b9eb-36e13dc77529>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bert_Koenders
|
2019-07-22T16:22:46Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528141.87/warc/CC-MAIN-20190722154408-20190722180408-00437.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.996994
| false
|
Christian George Maasdorp
Christian George Maasdorp (1848 - 1926) was Regter-president van die Kaapkolonie en broer van sir Andries Ferdinand Stockenstrom Maasdorp. Hy is op Malmesbury gebore en ontvang sy opleiding in Graaf-Reinet en Londen. Hy word in 1871 toegelaat tot die Inner Temple en keer na die Kaap terug om in dieselfde jaar daar toegelaat te word. Nadat hy in Griekwaland-Wes en 3 jaar lank in die Oostelike Distrikte-hof gepraktiseer het, word hy in 1877 aangestel as Prokureur-generaal van Transvaal. Hy bedank egter in 1880 en verhuis na Kaapstad. In 1885 word hy 'n regter van die Oostelike Distrikte-hof en in 1896 word hy verplaas na die Kaapse regsbank. Na Unie-wording word hy aangestel as Regter-president van die Kaap en Appélregter. Hy tree in 1922 af en is in Mei 1926 oorlede.
|
<urn:uuid:c89224a4-1a9d-4430-a866-98064640c989>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Christian_George_Maasdorp
|
2019-07-22T17:21:06Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528141.87/warc/CC-MAIN-20190722154408-20190722180408-00437.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 1.000002
| false
|
Kategorie:Wikipedia-artikels met ULAN-identifiseerders
Jump to navigation
Jump to search
(vorige bladsy) (volgende bladsy)
Vir meer inligting, sien Wikipedia:Gesagbeheer.
Hierdie is 'n versteekte kategorie Dit kategoriseer bladsye vir administratiewe doeleindes. Dit vorm nie deel van die ensiklopedie nie. |
Bladsye in kategorie "Wikipedia-artikels met ULAN-identifiseerders"
Die volgende 92 bladsye is in hierdie kategorie, uit 'n totaal van 1 018.
(vorige bladsy) (volgende bladsy)U
V
- Ludwig van Beethoven
- Henry van de Velde
- Theo van Gogh
- Rembrandt van Rijn
- Anton van Wouw
- John Ormsby Vandeleur
- Gloria Vanderbilt
- Raja Ravi Verma
- Giorgio Vasari
- Vebjørn Sand
- Simone Veil
- Diego Velázquez
- Verenigde Nasies
- Vergilius
- Johannes Vermeer
- Jules Verne
- Andrea del Verocchio
- Gianni Versace
- Vespasianus
- Sid Vicious
- Victoria van die Verenigde Koninkryk
- Victoria van Sakse-Koburg en Gotha
- Gore Vidal
- Edoardo Villa
- Denis Villeneuve
- Vincent van Gogh
- Leonardo da Vinci
- Eugène Viollet-le-Duc
- Marcus Vipsanius Agrippa
- Virginia Woolf
- Vitellius
- Vitruvius
- Antonio Vivaldi
- Jan Volschenk
- Voltaire
- Wolf Vostell
W
- Zacharias Wagenaer
- Richard Wagner
- Andrzej Wajda
- Horace Walpole
- Walter Gropius
- Sam Wanamaker
- Andy Warhol
- George Washington
- Wiktor Wasnetsof
- John Waters
- James Watt
- Wawel-katedraal
- Orson Welles
- Arthur Wellesley, 1ste hertog van Wellington
- Wim Wenders
- Pieter Wenning
- Wêreldgesondheidsorganisasie
- Wêreldhandelsorganisasie
- Julius Charles Wernher
- Westminster-abdy
- Walt Whitman
- Sytze Wierda
- Oscar Wilde
- Wilhelm Dilthey
- Willem I van Engeland
- Willem III van Engeland
- William Faulkner
- William IV van die Verenigde Koninkryk
- William Shakespeare
- Ludwig Wittgenstein
- Jefgeni Woetsjetitsj
- Tom Wolfe
- Maksimilian Wolosjin
- Garnet Wolseley
- Richard Caton Woodville
- William Wordsworth
- Mary Woronov
- Frank Lloyd Wright
|
<urn:uuid:a9e8f060-fbfd-4047-9d14-4b1f50701a16>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Wikipedia-artikels_met_ULAN-identifiseerders?from=Uf
|
2019-07-22T16:22:27Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528141.87/warc/CC-MAIN-20190722154408-20190722180408-00437.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.943752
| false
|
Steve Biko Akademiese Hospitaal
Die Steve Biko Akademiese Hospitaal is 'n hospitaal in Pretoria, Suid-Afrika. Die hospitaal het vroeër as die Pretoria Akademiese Hospitaal, en voor 1994 as die H.F. Verwoerd-hospitaal bekend gestaan. Die hospitaal word suiwer as tersiêre opleidingsinstelling vir gesondheidsorg gebruik.[1] Dit is die belangrikste akademiese hospitaal van die Universiteit van Pretoria, saam met Kalafong Hospitaal in Atteridgeville aan die westekant van die middestad. Die hospitaal het 832 beddens.
Geskiedenis[wysig | wysig bron]
Die eerste instelling vir gesondheidsorg in Pretoria was naby die militêre kaserne in Potgieterstraat geleë.
Op 21 Junie 1890 het president Paul Kruger die hoeksteen van die nuwe 130-bed Volkshospitaal gelê. Ten spyte van talle uitbreidings, wat onder andere deur die griepepidemie van 1918 genoodsaak is, was die hospitaal nie voldoende vir die stad se bevolking nie.
Op 22 April 1927 is die hoeksteen vir die bestaande hospitaal, die Pretoria Algemene Hospitaal, gelê. Die hospitaal se naam is 1967 na die H.F. Verwoerd-hospitaal hernoem. In 1997 verander dit na die Pretoria Akademiese Hospitaal en uiteindelik in 2008 na die Steve Biko Akademiese Hospitaal.
Sien ook[wysig | wysig bron]
Verwysings[wysig | wysig bron]
- http://www.pah.org.za/ Steve Biko Academic Hospital, besoek op 27 Junie 2011
|
<urn:uuid:30f3985e-a90d-4eab-8d20-bbf2a2fccda8>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Steve_Biko_Akademiese_Hospitaal
|
2019-07-22T16:32:43Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528141.87/warc/CC-MAIN-20190722154408-20190722180408-00437.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999992
| false
|
Woiwodskap Masowië
---|---|---|---|
Kaart | |||
Wapen en vlag | |||
Basiese gegewens | |||
Setel van die woiwode: | Warskou | ||
Setel van die parlement: | Warskou | ||
Woiwode: | Jacek Kozłowski | ||
Woiwodskapsmaarskalk: | Adam Struzik | ||
Grootste stad: | Warskou | ||
ISO 3166-2: | PL-MZ | ||
Nommerplate: | W | ||
Bevolking: | 5 213 855 (30 Junie 2009) | ||
Bevolkingsdigtheid: | 146 inw. per km² | ||
Geografie | |||
Oppervlakte: | 35 566 km² | ||
- waarvan land: | ? km² | ||
- waarvan water: | ? km² | ||
Strekking: | Noord-suid: tot 270 km Wes-oos: tot 221 km | ||
Hoogste punt: | ? m bo seevlak | ||
Laagste punt: | ? benede seevlak | ||
Landskapstruktuur | |||
Bosse: | 22,3 % | ||
Waterliggame: | ? % | ||
Landbou: | 59,7 % | ||
Ander: | ? % | ||
Administratiewe verdeling | |||
Selfregerende stede: | 5 | ||
Powiat (distrikte): | 37 | ||
Munisipaliteite: | 314 |
GeskiedenisWysig
Masowië is 'n landskap van vlaktes met swak grond en tradisionele rietdak-huisies wat wyd uitgestrek rondom die Poolse hoofstad Warskou lê. Dit is – behalwe vir die streke naby Warskou – van oudsher 'n relatief arm gewes waar inwoners 'n karige bestaansboerdery beoefen het.
Reeds in die 11de eeu is pogings onderneem om hier 'n onafhanklike ryk te vestig. Sedert 1138 is Masowië deur die plaaslike selfstandige Piaste-dinastie geregeer. Dit het nie deel gevorm van die in 1320 nuut gestigte Poolse koninkryk nie en was 'n tyd lank selfs 'n Luxemburgse leenstaat.
Op politieke gebied het die Masowiese vorste hulle in die spanningsveld tussen Poolse kroon en die Duitse Ordenstaat beweeg, en eers in 1526, toe die twee laaste heersers kinderloos gesterf het, is die gebied by die Pools-Litause Gemenebes ingelyf. Masowië het danksy sy strategiese ligging tussen Pole, Litaue en die Oossee in die volgende dekades 'n sentrale rol in die koninkryk begin speel. Nogtans was die plaaslike adel vanweë sy behoudende en provinsiale karakter allesbehalwe 'n dryfveer vir politieke en ekonomiese vooruitgang in die Pools-Litause staat.
Sodoende is daar in Masowië vandag minder argitektoniese en ander trekpleisters as byvoorbeeld in Groot- en Klein-Pole. Bekende besienswaardighede sluit die Romaanse kerkgeboue langs die Weichsel-rivier, die Gotiese baksteenkastele van die Masowiese vorstehuis, geboue volgens ontwerpe van die Italiaanse boumeester Gianbattista da Venezia in nedersettings soos Brochów of Pułtusk, en adellike landgoedere in byvoorbeeld Nieborów of Arkadia wat volgens die barok- en romantiese styl gebou is.
Grootste stedeWysig
- Stede met meer as 30 000 inwoners in 2006
- Warschau – 1 700 536 (517,90 km²)
- Radom – 226 895 (111,71 km²)
- Płock – 127 224 (88,06 km²)
- Siedlce – 76 074 (31,87 km²)
- Pruszków – 55 452 (19,15 km²)
- Ostrołęka – 53 579 (29,00 km²)
- Legionowo – 50 553 (13,60 km²)
- Ciechanów – 45 888 (32,84 km²)
- Otwock – 42 881 (47,33 km²)
- Żyrardów – 40 892 (14,35 km²)
- Sochaczew – 37 998 (26,13 km²)
- Mińsk Mazowiecki – 37 544 (13,12 km²)
- Piaseczno – 37 506 (16,33 km²)
- Wołomin – 36 710 (17,32 km²)
- Mława – 30 817 (35,50 km²)
Eksterne skakelsWysig
Wikimedia Commons bevat media in verband met Masovian Voivodeship. |
Woiwodskappe van Pole | |
---|---|
Ermland-Masurië | Woiwodskap Groot-Pole | Heilig Kruis | Subkarpate | Klein-Pole | Kujawië-Pommere | Lebus | Łódź | Lublin | Masowië | Neder-Silesië | Opole | Podlachië | Pommere | Silesië | Wes-Pommere |
|
<urn:uuid:918934c1-00e7-4b04-a7ab-839ded1da108>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Woiwodskap_Masowi%C3%AB
|
2019-07-17T16:43:12Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525355.54/warc/CC-MAIN-20190717161703-20190717183703-00381.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.998963
| false
|
A
- Hierdie artikel handel oor die Latynse letter, A. Vir ander betekenisse wat deur die letter voorgestel word, sien A (dubbelsinnig).
A is die eerste letter in die Latynse alfabet en ook die eerste klinker. In Afrikaans word die letter uitgespreek as "aa". Die letter is afgelei van die Griekse letter alfa (α), wat ook die Latynse klankwaarde /a/ en /a:/ gehad het. Die letter is ook verwant aan die piktogram van 'n os se kop in die Proto-semitiese âlep (os) en die Egiptiese hiëroglief.
In NAVO se internasionale spelalfabet word A uitgespreek deur die woord Alfa.
Egiptiese hiëroglief van 'n os se kop |
Proto-semitiese ossekop |
Fenisiese aleph | Etruskiese A | Griekse alpha | Romeinse A |
---|---|---|---|---|---|
A met skryftekens[wysig | wysig bron]
Eksterne skakels[wysig | wysig bron]
Die Latynse alfabet | A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z |
|
<urn:uuid:f7fe9448-5b98-4f49-8e24-1a55bf73deef>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/A
|
2019-07-18T21:48:36Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525829.33/warc/CC-MAIN-20190718211312-20190718233312-00541.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999988
| false
|
Massaoordrag
Massaoordrag is die vervoer van massa vanaf 'n hoë konsentrasie na 'n lae konsentrasie. Hierdie term word gewoonlik in ingenieurswese gebruik vir die beskrywing van fisiese prosesse wat molekulêre- en konveksietransport van atome en molekules in 'n fisiese stelsel betrek. Massaoordrag beslaan ook 'n groot deel van vloeimeganika en skeidingsprosesse.
|
<urn:uuid:3c3eaeb0-ac8a-4bd5-8955-aa9528ee93c1>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Massaoordrag
|
2019-07-18T21:39:28Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525829.33/warc/CC-MAIN-20190718211312-20190718233312-00541.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 1.000006
| false
|
Kunsmatige intelligensie
Kunsmatige intelligensie (KI) is die intelligensie wat 'n masjien of sagteware tentoonstel. Dit is 'n akademiese studieveld wat poog om menslike intelligensie kunsmatig te skep. KI-navorsers en -handboeke definieer dit as "die studie en ontwerp van intelligente agente",[1] waar 'n intelligente agent 'n stelsel is wat sy omgewing waarneem en aksies neem wat sy kanse op sukses vergroot. John McCarthy, wat die term in 1955 geskep het, definieer dit as "die wetenskap van die skep van intelligente masjiene".[2]
KI-navorsing is hoogs tegnies en gespesialiseerd, en is diep in onderafdelings verdeel, wat dikwels nie met mekaar kommunikeer nie.[3] In sommige gevalle kan die verdeeldheid aan sosiale en kulturele faktore toegeskryf word, soos werk wat by 'n bepaalde instelling of deur individuele navorsers gedoen word. KI-navorsing word ook deur verskeie tegniese kwessies geraak. Sekere subvelde fokus op die oplos van spesifieke probleme. Ander fokus weer op een van verskeie moontlike benaderings, of die gebruik van 'n bepaalde hulpmiddel, of ter vervulling van spesifieke toepassings.
Die sentrale probleme (of doelwitte) van KI-navorsing sluit in: redenasie, kennis, beplanning, leer, natuurliketaalverwerking (kommunikasie), persepsie en die vermoë om te beweeg en voorwerpe te manipuleer.[4] algemene kunsmatige intelligensie word as een van die veld se langtermyn doelwitte beskou.[5]
Verwysings[wysig | wysig bron]
- Poole, David; Mackworth, Alan; Goebel, Randy (1998). Computational Intelligence: A Logical Approach. New York: Oxford University Press. ISBN 0-19-510270-3.
- Andreas Kaplan; Michael Haenlein (2019) Siri, Siri in my Hand, who's the Fairest in the Land? On the Interpretations, Illustrations and Implications of Artificial Intelligence, Business Horizons, 62(1), 15-25
- McCorduck, Pamela (2004), Machines Who Think (2nd ed.), Natick, MA: A. K. Peters, Ltd., ISBN 1-56881-205-1.
- Russell, Stuart J.; Norvig, Peter (2003), Artificial Intelligence: A Modern Approach (2nd ed.), Upper Saddle River, New Jersey: Prentice Hall, ISBN 0-13-790395-2.
- Kurzweil, Ray (1999). The Age of Spiritual Machines. Penguin Books. ISBN 0-670-88217-8.
|
<urn:uuid:9f377c72-9299-4f6c-bcf1-1e21b009e438>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Kunsmatige_intelligensie
|
2019-07-20T06:11:18Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526446.61/warc/CC-MAIN-20190720045157-20190720071157-00141.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.997774
| false
|
Analitiese meganika
In teoretiese fisika en wiskundige fisika, is analitiese meganika, of teoretiese meganika 'n versameling van nou nouliks verwante alternatiewe formulerings van klassieke meganika. Dit is ontwikkel deur baie wetenskaplikes en wiskundiges gedurende die 18de eeu asook daarna, na aanleiding van Newton-meganika. Aangesien Newton-meganika vektor hoeveelhede van beweging, veral versnellings, momentum en kragte van die dele van 'n sisteem oorweeg, is 'n alternatiewe naam vir die meganika wat deur Newton se wette en Euler se wette regeer word vektor meganika.
Daarteenoor maak analitiese meganika gebruik van die skalaar eienskappe van beweging wat die sisteem as 'n heel verteenwoordig—gewoonlik sy totale kinetiese energie en sy potensiële energie—nie Newton se vektor kragte van individuele partikels nie. 'n Skalaar het slegs 'n grote, terwyl 'n vektor grote en rigting besit. Die bewegingsvergelykings word afgelei van die skalaar hoeveelheid deur een of ander onderliggende beginsel oor die skalaar se variasie.
Analitiese meganika benut 'n stelsel se beperkings om probleme op te los. Die beperkings beperk die grade van vryheid wat die stelsel kan hê en dit kan gebruik word om die getal koördinate wat nodig is om die beweging op te los te verminder. Die formalisme is geskik vir arbitrêre koördinaat keuses, bekend is in hierdie konteks as veralgemeende koördinate. Die kinetiese en potensiële energie van die stelsel word uitgedruk met behulp van hierdie veralgemeende koördinate of momenta, en die bewegingsvergelykings kan so maklik opgestel word, dus laat analitiese meganika toe dat talle meganiese probleme opgelos kan word met 'n groter doeltreffendheid as wat die ten volle vektor gebaseerde metode doen. Dit werk nie altyd vir nie-konserwatiewe kragte of 'dissipative' kragte soos wrywing nie, in watter geval 'n mens kan terugkeer na Newton-meganika, of kan gebruik maak van die Udwadia–Kalaba vergelyking.
Twee hoof takke van 'n analitiese meganika is Lagrange-meganika (met behulp van veralgemeende koördinate ('generalized coordinates') en die ooreenstemmende veralgemeende snelhede in die opset ruimte ('configuration space')), en Hamiltoniese meganika (met die gebruik van koördinate en die ooreenstemmende momenta in fase ruimte (phase space)). Beide formulerings is ekwivalent deur 'n Legendre transformasie op die veralgemeende koördinate, snelhede, en momenta, dus bevat beide dieselfde inligting vir die beskryf van die dinamika van 'n sisteem. Daar is ander formulerings soos die Hamilton–Jacobi-teorie, Routhian meganika, en Appell se vergelyking van beweging. Al die bewegingsvergelykings vir deeltjies en velde, in enige formalisme, kan afgelei word uit die wyd toepasbare resultaat hiervan wat bekend staan as die beginsel van die minste aksie. Een hiervan is Noether se stelling, 'n verklaring wat behoudswette aan hulle geassosieerde simmetrieë konnekteer.
Analitiese meganika bring nie nuwe fisika in die prentjie in nie en is nie meer algemeen as Newton-meganika nie. Dit is eerder 'n versameling van ekwivalent formalismes wat wyd toepassings het. Die feit is dat dieselfde beginsels en formalismes gebruik kan word in relatiwistiese meganika en algemene relatiwiteit, en met 'n bietjie verandering, ook in kwantummeganika en kwantum-veld teorie.
Die metodes van analitiese meganika is van toepassing op diskrete deeltjies, elk met 'n beperkte aantal grade van vryheid. Hulle kan aangepas word om kontinue velde of vloeistowwe te beskryf, wat 'n oneindige hoeveelheid grade van vryheid besit. Die definisies en vergelykings het 'n noue analogie met dié van daardie meganikas.
|
<urn:uuid:8b000c63-675b-4664-ac9f-0a1e6127346d>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Analitiese_meganika
|
2019-07-21T11:09:50Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00301.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999968
| false
|
Bespreking:Elektriese kragnetwerk
Jump to navigation
Jump to search
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Elektriese kragnetwerk-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. |
Artikelriglyne
Daaglikse bladtrekke | |
|
<urn:uuid:42d07540-8c1f-4295-acbb-7cca36384384>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Elektriese_kragnetwerk
|
2019-07-21T10:51:06Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00301.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999994
| false
|
Bespreking:Ningbo
Jump to navigation
Jump to search
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Ningbo-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. |
Artikelriglyne
Daaglikse bladtrekke | |
|
<urn:uuid:e6f408de-2aca-41dd-82bc-d1a635efcf1d>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Ningbo
|
2019-07-21T11:10:31Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00301.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999991
| false
|
Kategorie:Wetenskapfiksierolprente
Jump to navigation
Jump to search
Wikimedia Commons bevat media in verband met Wetenskapfiksierolprente. |
|
<urn:uuid:d8092c03-a8cc-4076-858c-e223395ef193>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Wetenskapfiksierolprente
|
2019-07-21T11:23:33Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00301.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.987009
| false
|
Hulp
Bladsye wat na "Paralimpiese Winterspele 1976" skakel
←
Paralimpiese Winterspele 1976
Jump to navigation
Jump to search
Skakels hierheen
Bladsy:
Naamruimte:
alle
(Hoof)
Bespreking
Gebruiker
Gebruikerbespreking
Wikipedia
Wikipediabespreking
Lêer
Lêerbespreking
MediaWiki
MediaWikibespreking
Sjabloon
Sjabloonbespreking
Hulp
Hulpbespreking
Kategorie
Kategoriebespreking
Portaal
Portaalbespreking
Module
Module talk
Gadget
Gadget talk
Gadget definition
Gadget definition talk
Omgekeerde seleksie
Filters
Versteek
insluitings |
Versteek
skakels |
Versteek
aansture
Die volgende bladsye skakel na
Paralimpiese Winterspele 1976
:
Wys (vorige 50 | volgende 50) (
20
50
100
250
500
).
1976
(
← skakels
wysig
)
Paralimpiese Spele
(
← skakels
wysig
)
Olimpiese Winterspele 1976
(
← skakels
wysig
)
Paralimpiese Somerspele 2008
(
← skakels
wysig
)
Paralimpiese Somerspele 2004
(
← skakels
wysig
)
Paralimpiese Somerspele 2012
(
← skakels
wysig
)
Sjabloon:Navigasie Paralimpiese Spele
(
← skakels
wysig
)
Paralimpiese Winterspele 2010
(
← skakels
wysig
)
Paralimpiese Winterspele 2014
(
← skakels
wysig
)
Paralimpiese Winterspele 2006
(
← skakels
wysig
)
Paralimpiese Winterspele 2002
(
← skakels
wysig
)
Paralimpiese Winterspele 1998
(
← skakels
wysig
)
Paralimpiese Winterspele 1994
(
← skakels
wysig
)
Paralimpiese Winterspele 1992
(
← skakels
wysig
)
Paralimpiese Winterspele 1988
(
← skakels
wysig
)
Paralimpiese Winterspele 1984
(
← skakels
wysig
)
Paralimpiese Winterspele 1980
(
← skakels
wysig
)
Paralimpiese Somerspele 2000
(
← skakels
wysig
)
Paralimpiese Somerspele 1996
(
← skakels
wysig
)
Paralimpiese Somerspele 1992
(
← skakels
wysig
)
Paralimpiese Somerspele 1988
(
← skakels
wysig
)
Paralimpiese Somerspele 1984
(
← skakels
wysig
)
Paralimpiese Somerspele 1980
(
← skakels
wysig
)
Paralimpiese Somerspele 1976
(
← skakels
wysig
)
Paralimpiese Somerspele 1972
(
← skakels
wysig
)
Paralimpiese Somerspele 1968
(
← skakels
wysig
)
Paralimpiese Somerspele 1964
(
← skakels
wysig
)
Paralimpiese Somerspele 1960
(
← skakels
wysig
)
Paralimpiese Somerspele 2008 medaljes
(
← skakels
wysig
)
Nasionale Paralimpiese Komitee
(
← skakels
wysig
)
Internasionale Paralimpiese Komitee
(
← skakels
wysig
)
Paralimpiese Somerspele 2016
(
← skakels
wysig
)
Paralimpiese Somerspele 2020
(
← skakels
wysig
)
Paralimpiese Somerspele 2024
(
← skakels
wysig
)
Paralimpiese Somerspele 2028
(
← skakels
wysig
)
Paralimpiese Winterspele 2018
(
← skakels
wysig
)
Paralimpiese Winterspele 2022
(
← skakels
wysig
)
Paralimpiese Winterspele 2026
(
← skakels
wysig
)
Gebruiker:SpesBona/Bydraes
(
← skakels
wysig
)
Bespreking:Paralimpiese Winterspele 1976
(
← skakels
wysig
)
Wys (vorige 50 | volgende 50) (
20
50
100
250
500
).
Ontsluit van "
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Paralimpiese_Winterspele_1976
"
Navigasie-keuseskerm
Persoonlike gereedskap
Nie ingeteken nie
Bespreking
Bydraes
Skep gebruiker
Meld aan
Naamruimtes
Bladsy
Bespreking
Variante
Weergawes
Lees
Wysig
Wysig bron
Wys geskiedenis
Meer
Soek
Navigasie
Tuisblad
Gebruikersportaal
Geselshoekie
Onlangse wysigings
Lukrake bladsy
Hulp
Sandput
Skenkings
Gereedskap
Spesiale bladsye
Drukbare weergawe
Ander tale
Privaatheidsbeleid
Inligting oor Wikipedia
Vrywaring
Ontwikkelaars
Koekieverklaring
Selfoonweergawe
|
<urn:uuid:309a4a64-32f5-4084-b2d8-aea82bd0a151>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Paralimpiese_Winterspele_1976
|
2019-07-21T11:54:52Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00301.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999424
| false
|
Kategorie:Liedartikels sonder liedskrywers
Hierdie is 'n versteekte kategorie Dit kategoriseer bladsye vir administratiewe doeleindes. Dit vorm nie deel van die ensiklopedie nie. |
This category is for articles about songs where the article is missing the songwriters, because it has not been researched, noted in the relevant article, or available in a reliable source. If the songwriter is never likely to be known (e.g. for historical works), please use Category:Songwriter unknown.
Hierdie kategorie bevat geen bladsye of media nie.
|
<urn:uuid:341f6d3d-c5ff-4e31-a9e9-aa38cea3853c>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Liedartikels_sonder_liedskrywers?from=Ie
|
2019-07-24T00:42:30Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530246.91/warc/CC-MAIN-20190723235815-20190724021815-00061.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.909397
| false
|
Donkerlewerik
Die Donkerlewerik (Pinarocorys nigricans) is 'n redelike algemene inter-Afrika-trekvoël wat in boomveld in Sentraal-Afrika broei. Hulle kom dikwels op oop plekke met gras in boomveld en savanne voor. Die voël is 19 – 20 cm groot en weeg 30 - 46 gram. In Engels staan die voël bekend as die Dusky Lark.
Donkerlewerik | ||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Bewaringstatus | ||||||||||||||||
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||||||||
Binomiale naam | ||||||||||||||||
Pinarocorys nigricans (Sundevall, 1850) |
Sien ookWysig
BronWysig
VerwysingsWysig
- BirdLife International (2012). "Pinarocorys nigricans". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.
|
<urn:uuid:9451c1be-47a2-4746-89ab-6bb4b4248caf>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Donkerlewerik
|
2019-07-17T16:21:18Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525355.54/warc/CC-MAIN-20190717161703-20190717183703-00405.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.993596
| false
|
Stade Chaban-Delmas
Die Stade Chaban-Delmas is 'n stadion in die Suidwes-Franse metropool Bordeaux wat tussen 1938 en 2015 veral as tuisveld vir die plaaslike sokkerspan Girondins des Bordeaux gedien het en sedert 2011 die rugbyspan Union Bordeaux Bègles huisves. Die stadion se naam is in 2001 gewysig; dit het vroeër bekend gestaan as Stade du Parc Lescure en dra tans die naam van die politikus Jacques Chaban-Delmas wat in die periode tussen 1947 en 1995 die amp van burgemeester van Bordeaux beklee het.
Stade Chaban-Delmas | ||
Binnekant van die Stade Chaban-Delmas
Bynaam | Lescure | |
---|---|---|
Volle naam | Stade Jacques Chaban-Delmas | |
Ligging | Bordeaux, Frankryk | |
Koördinate | Koördinate: | |
Eienaar | Stad Bordeaux | |
Kapasiteit | 34 694 | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Gebou | 1930 | |
Geopen | 12 Junie 1938 | |
Renovasie | 1938, 1987, 1998, 2008 | |
Uitgebrei | 1935 | |
Argitek | René Buthaud Jacques d'Welles Raoul Jourde | |
Huurders | ||
FC Girondins de Bordeaux (1938–2015) Union Bordeaux Bègles (2011–hede) |
Die aantal sitplekke is by die voorskrifte van internasionale wedstryde soos die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 aangepas en beloop tans 34 694. Sedert die somer van 2007 beskik die stadion oor twee reuseskerms met 'n oppervlak van 37 vierkante meter elk wat ter geleentheid van die Rugbywêreldbeker 2007 geïnstalleer is.
Die stadion is in 1935 in die vorm van 'n fietssportstadium (Frans: stade vélodrome) opgerig, en in 1938 is wedstryde van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi hier gehou. Dit was die eerste stadion ter wêreld wat oor volledig oordekte tribunes beskik het sonder enige pilaar wat die sig van die toeskouers belemmer het. Vanweë sy klassifisering as 'n historiese monument moet 'n aantal probleme by die stadion se herstel oorkom word. Die stadiondak beskerm nog die sitplekke wat ná die jaar 1984 op die ou fietsrenbaan opgerig is, nog die voormalige draaie.
Die tonnel wat die spelers se kleedkamers met die speelveld verbind, is met byna 120 meter die langste in Europa.
Op 19 Julie 2011 het die FC Girondins de Bordeaux sy plane bekend gemaak om 'n nuwe stadion opterig, geleë in Bordeaux-Lac en met plek vir 42 114 toeskouers. Die konstruksie aan die Nouveau Stade de Bordeaux het in 2013 begin en in April 2015 geëindig.
Inhoud
WedstrydeWysig
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1938Wysig
- Hoofartikel: FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1938.
Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
12 Junie 1938 | 17:00 | Brasilië | 1–1 (e.t.) | Tsjeggo-Slowakye | Kwarteindrondte | 22 021 |
14 Junie 1938 | 18:00 | Brasilië | 2–1 | Tsjeggo-Slowakye | Herhaling | 18 141 |
19 Junie 1938 | 17:00 | Swede | 2–4 | Brasilië | Klein finale | 12 000 |
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998Wysig
- Hoofartikel: FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998.
Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
11 Junie 1998 | 17:30 | Italië | 2–2 | Chili | Groep B | 31 800 |
16 Junie 1998 | 17:30 | Skotland | 1–1 | Noorweë | Groep A | 31 800 |
20 Junie 1998 | 17:30 | België | 2–2 | Meksiko | Groep E | 31 800 |
24 Junie 1998 | 16:00 | Suid-Afrika | 2–2 | Saoedi-Arabië | Groep C | 31 800 |
26 Junie 1998 | 16:00 | Argentinië | 1–0 | Kroasië | Groep H | 31 800 |
30 Junie 1998 | 16:30 | Roemenië | 0–1 | Kroasië | Agtste eindrondte | 31 800 |
Rugbywêreldbeker 1999Wysig
- Hoofartikel: Rugbywêreldbeker 1999.
Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
8 Oktober 1999 | 21:00 | Frankryk | 47–13 | Namibië | Groep C | 34 030 |
9 Oktober 1999 | 13:30 | Fidji | 38–22 | Kanada | Groep C | 27 000 |
Rugbywêreldbeker 2007Wysig
- Hoofartikel: Rugbywêreldbeker 2007.
Datum | Tyd | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte | Toeskouers |
---|---|---|---|---|---|---|
9 September 2007 | 20:00 | Ierland | 32–17 | Namibië | Groep D | 33 694 |
15 September 2007 | 21:00 | Ierland | 14–10 | Georgië | Groep D | 33 807 |
25 September 2007 | 18:00 | Kanada | 12–12 | Japan | Groep B | 33 810 |
29 September 2007 | 15:00 | Australië | 37–6 | Kanada | Groep B | 35 200 |
|
<urn:uuid:4fbbfa2f-73ab-476d-81af-a57dc0c5da27>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Parc_Lescure
|
2019-07-17T17:09:42Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525355.54/warc/CC-MAIN-20190717161703-20190717183703-00405.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.998592
| false
|
Boekbronne
Biblioteke
Suid-Afrika:
- Soek die boek in die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika se katalogus
- Soek die boek in die SEALS Konsortium se biblioteek
- Soek die boek in die Universiteit van Suid-Afrika se biblioteek
- Soek die boek in die Universiteit van die Witwatersrand se biblioteek
- Soek die boek in die Kaapse Hoër Onderwys Konsortium se biblioteek
Wêreldwyd:
- Soek die boek deur WorldCat in jou plaaslike biblioteek se katalogus
Boekwinkels
Suid-Afrika:
Ander lande:
|
<urn:uuid:bf8c9b1b-bb5f-4f0f-b080-fb62a7e4fa4f>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Boekbronne/9781868421497
|
2019-07-17T16:21:08Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525355.54/warc/CC-MAIN-20190717161703-20190717183703-00405.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999966
| false
|
Maak hoofkeuseskerm oop
Soek
Wysigings
← Ouer wysiging
Nuwer wysiging →
Guatemala-stad
(wysig)
Wysiging soos op 19:18, 16 April 2012
2 grepe verwyder
,
7 jaar gelede
k
r2.6.5) (robot Verander:
ta:குவாத்தமாலா நகரம்
[[sv:Guatemala City]]
[[sw:Guatemala City]]
[[ta:குவாத்தமாலா
(
நகரம்
)
]]
[[th:กัวเตมาลาซิตี]]
[[tl:Lungsod ng Guwatemala]]
Dinamik-bot
2 006
wysigings
Ontsluit van "
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/937421
"
|
<urn:uuid:cee85e62-c2c8-498f-a66b-f57e07c7225f>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/937421
|
2019-07-17T17:11:18Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525355.54/warc/CC-MAIN-20190717161703-20190717183703-00405.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.917045
| false
|
Landbou
Landboustudies bou op insigte uit verskeie ander vakrigtings insluitende:
- Dierkunde (soölogie)
- Grootvee, kleinvee, akwakultuur ens.
- Plantkunde (botanie)
- Landbou-ekonomie en -bemarking
- Landboustatistiek
- Landbouchemie
Inhoud
BoerderymetodesWysig
BestaansboerderyWysig
’n Bestaansboerdery is gemik op selfvoorsiening. Die boer verbou of teel net genoeg voedsel om in sy familie se behoeftes te voorsien. ’n Tipiese bestaansplaas het net die diere wat nodig is om die familie deur die jaar te voed en te klee, byvoorbeeld skape, beeste, kalkoene en hoenders. Die diere kan meesal vry loop en wei. Daar is ook ’n verskeidenheid van gewasse wat in kleiner hoeveelhede aangeplant word soos mielies, pampoen, spinasie en marog. Die keuse van gewasse en besluite rakende aanplantings berus hoofsaaklik op die familie se eie behoeftes en tweedens op markpryse. [1]
Arm huishoudings is afhanklik vir hul voedsel van die handel, ander huishoudings of van staatsprogramme. In die verlede het landelike huishoudings grootliks in hul eie voedselbehoeftes voorsien, maar daar is ’n stygende neiging dat sowel stedelike as landelike huishoudings al hoe afhankliker raak van die handel.[2]
In dele van Afrika suid van die Sahara kan gesinne se voedseluitgawes tussen 60% en 80% van die totale huishoudelike inkomste bedra. Bestaansboerdery kan ’n belangrike rol speel in die verbetering van die lewenstandaard en voedselsekerheid van landelike en stedelike families, en kan ook bydra om hoë voedselprysinflasie te verlig. [2]
ImplementeWysig
Bestaansboere werk saam met hul families op die plaas en gebruik eenvoudige werktuie soos kruiwaens en handploeë.
Voordele en nadeleWysig
Voordele:
- Bestaansboerdery is omgewingsvriendelik omdat daar nie van plaagdoders en chemiese kunsmis gebruik gemaak word nie.
- Bestaansboerdery bring besparings mee vir gesinne omdat hulle nie kos hoef aan te koop nie.
- ’n Bestaansboer kan ’n ekstra inkomste verdien wanneer hy die oorskot van sy produkte kan verkoop. [3]
Nadele:
- Die gewasse is vatbaar vir plae en siektes.
- Daar is nie langtermynvoedselsekerheid nie.
Kommersiële boerderyWysig
Kommersiële plase is gewoonlik baie groot. Die fokus is op die verbouing van een produk, byvoorbeeld mielies, of op die teling van ’n enkele diereras. Dit word monokultuur genoem. Kommersiële plase word as ’n besigheid bedryf met ’n winsoogmerk en het ten doel om so veel as moontlik produkte te verkoop.
Diere word dikwels in hokke of krale aangehou om minder spasie te gebuik.
ImplementeWysig
Hierdie groot plase maak gebruik van baie arbeiders. Daar is verskeie moderne masjiene en implemente wat gebruik word, byvoorbeeld stropers, trekkers en gespesialiseerde besproeiingstelsels.
Voordele en nadeleWysig
Die grootste voordeel van kommersiële boerdery is dat groot hoeveelhede voedsel verbou kan word.
Die nadele van kommersiële boerdery is die gebruik van groeihormone om diere vinniger te laat groei en antibiotika om diere gesond te hou. Wat gewasse betref, is dit die gebruik van plaagdoders om gewasse te beskerm en die gebruik van chemiese kunsmis om gewasse te laat groei.
Kommersiële boerdery is die bedryf in Suid-Afrika wat die meeste vars water gebruik. [3]
Landbousektore in Suid AfrikaWysig
Suid-Afrika se landbou bestaan hoofsaaklik uit twee sektore: veeboerdery en saaiboerdery. Die land is verdeel in verskillende landboustreke na gelang van klimaat, landboupraktyke, natuurlike plantegroei en grondsoorte.
VeeboerderyWysig
Veeboerdery is die teling van diere vir plesier of vir gebruik. Vee word ook “lewende hawe” genoem. Veeboerdery is die grootste landbousektor in Suid-Afrika. Die sukses van verskillende veerasse in verskillende streke word vooruit bepaal deur die endemiese siektes en die verskillende klimaatstoestande in berekening te bring. Daar is verskeie soorte veeplase waar mense met diere boer, wat insluit:
- Beesplase – verskaf vleis en suiwel. Daar is hoofsaaklik vier suiwelbeesrasse in Suid-Afrika: Jersey, Ayshire, Holstein en Guernsey.
Beesboerdery word hoofsaaklik bedryf in die Oos-Kaap, dele van die Vrystaat en KwaZulu-Natal, Limpopo en die Noord-Kaap. Nguni- en Afrikanerbeeste is inheems en baie gewild – so ook die Bonsmara- en Drakensbergerras wat in Suid-Afrika ontwikkel is.
- Skaapplase – verskaf wol en vleis. Ongeveer 50% van Suid-Afrika se skape is die fynwol-merino. Ermelo in Mpumalanga is een van die grootste wolproduksieareas. [4] Die Afrino-ras is ’n wol-en-vleisras wat in Suid-Afrika ontwikkel is om aan te pas by die dorre toestande.
- Varkplase – verskaf varkvleis soos ham en spek. Varkboerdery is meer intensief en word in Gauteng, en naby Durban, Port Elizabeth en Kaapstad in stedelike gebiede aangetref as gevolg van die beskikbaarheid van mielies en beter bemarkingsgeleenthede. Van die gewildste rasse is Landrace, Pietrain en Duroc.
- Pluimveeplase – Eende, ganse of hoenders word aangehou vir hul vleis en eiers. Die braaihoenderbedryf dra ongeveer 80% by tot Suid-Afrika se jaarlikse pluimveeproduksie. [4]
SaaiboerderyWysig
Graan en oliesadeWysig
Graan, wat koring en mielies insluit, is die grootste aanplanting en die meerderheid produsente is in Noordwes geleë. Die tweede grootste gewas is suikerriet, wat uitgevoer word na Asië en Noord-Amerika, gevolg deur sonneblom.
Suid-Afrika is die grootste produseerder van mielies in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap. Mielies is die belangrikste bron van koolhidrate in Suider-Afrika. Mielies word ook as dierevoer gebruik vir die braaikuiken-, suiwel- en rooivleisbedryf. Mielies word hoofsaaklik verbou in die Vrystaat, Noordwes, die KwaZulu-Natal Middelande en die hoëveld van Mpumalanga.
Koring word saam met mielies as ’n stapelvoedsel in Suid-Afrika verbou en was tradisioneel verbou in die winterreënvalstreek van die Wes-Kaap, maar kan deesdae in byna alle provinsies verbou word vanweë die aanpasbaarheid van nuwe kweekvariëteite. Koring word gemaal tot meel en word ook in nywerheidsprodukte of veevoer gebruik.
Gort en lusern word in die Wes-Kaap verbou terwyl sorghum tot ’n beperkte mate in die droër dele van die somerreënvalstreek in Mpumalanga, Limpopo, Noordwes, die Vrystaat en Gauteng verbou word.
Sonneblom, grondbone en sojabone is baie goed by Suid-Afrika se klimaat aangepas. Suid-Afrika is die tiende grootste produsent van sonneblomsaad in die wêreld. Sonneblom groei nie goed in nat gebiede nie omdat dit maklik swamsiektes kry. Sojabone kan op enige grond verbou word wat geskik is vir mielieproduksie.
SuikerrietWysig
Suiker is ’n baie arbeidsintensiewe boerdery en omdat dit baie water benodig, word dit in tropiese en subtropiese gebiede verbou waar dit baie reën. Dit word geproduseer in 15 areas wat strek vanaf Pondoland in die Oos-Kaap, deur die kusstreke en KwaZulu-Natal Middelande na die Laeveld van Mpumalanga.[4] Wanneer suikerriet met die hand geoes word, word die ryp suikerriet aan die brand gesteek sodat al die blare en onkruid wegbrand om sodoende die oesproses te vergemaklik. Daar is egter baie boerderye wat nou groot masjiene gebruik om die suikerriet te sny – dit word groensuikerrietinsameling genoem.
In Suid-Afrika word daar sowat 2,2 miljoen ton suiker per seisoen geproduseer. Ongeveer 60% van die suiker word in die Suider-Afrika-streek bemark en die oorskot word uitgevoer na die Midde-Ooste en Asië.[5]
VrugteboerderyWysig
Baie soorte vrugte word in Suid-Afrika verbou. Subtropiese vrugte groei in warm en klam streke terwyl sagtevrugte in gebiede groei waar dit in die winter reën.
Subtropiese vrugteWysig
Subtropiese vrugte is baie sensitief vir temperatuurskommelings en is gevoelig vir ryp.
- Spanspek
- Grenadella
- Mango
- Lietsjie
- Pynappel
- Koejawel
- Turksvy
- Lukwart
- Avokado
- Dadels
- Vye
- Olywe
- Piesang
- Pekanneute
- Makadamianeute
Subtropiese gewasseWysig
SitrusWysig
Sitrusvrugte groei in tropiese en subtropiese klimaat waar die somers warm is en die winters gematig. In Suid-Afrika word sitrus byna in alle provinsies verbou, maar veral in besproeiingsgebiede in Limpopo, Mpumalanga en die Oos-Kaap.
Suid-Afrika verbou al die hoofsitrusvariëteite, wat insluit:
Sien ookWysig
Landbou organisasies in Suid-Afrika:
VerwysingsWysig
- Engelse Wikipedia: en:Subsistence agriculture
- http://www.hsrc.ac.za/en/research-outputs/view/4836
- www.woolworths.co.za/images/New_Site/Corporate/mo*dule_afr_social_science.pdf
- http://www.southafrica.info/business/economy/sectors/agricultural-sector.htm#.V-zI5PB96VN
- http://www.huletts.co.za/pdf/sugar_industry.pdf
|
<urn:uuid:f4b2c0c3-2049-4f53-a7dd-59326ded4752>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Boerdery
|
2019-07-18T23:22:30Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525863.49/warc/CC-MAIN-20190718231656-20190719013656-00005.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999971
| false
|
Bespreking:Kroatiese Wikipedia
Jump to navigation
Jump to search
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Kroatiese Wikipedia-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. |
Artikelriglyne
Daaglikse bladtrekke | |
|
<urn:uuid:02bd6484-4870-4666-adf7-be23743ed075>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Kroatiese_Wikipedia
|
2019-07-20T05:24:12Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526446.61/warc/CC-MAIN-20190720045157-20190720071157-00165.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999931
| false
|
Melrose-huis
Melrose-Huis in 2005
Plek | Pretoria |
---|---|
Land | Suid-Afrika |
Tipe museum | Geskiedkundige huis |
Webtuiste | http://www.tshwane.gov.za |
Dit is vernoem na die beroemde Melrose-abdy in Skotland. Melrose-huis het bekendheid verwerf toe dit tydens die Tweede Vryheidsoorlog (1899–1902) deur lord Roberts gekommandeer is as die hoofkwartier van die Britse magte nadat Pretoria in Junie 1900 binnegeval is.
Instruksies aan Britse magte in die veld is meer as agtien maande lank uit die huis gegee. Dié hoofstuk in die huis se geskiedenis het tot 'n einde gekom toe die Vrede van Vereeniging, wat die oorlog beëindig het, op 31 Mei 1902 daar geteken is.
Die groot eetkamer waarin die ondertekening plaasgevind het, is sedertdien feitlik onveranderd gelaat. Melrose-huis staan in Jacob Marestraat oorkant die Burgerspark in Pretoria. Dit is in 1886 in die Victoriaanse styl gebou en in die negentigerjare van die vorige eeu deur sy eienaar, George Heys, aansienlik laat vergroot. Nadat die Britse magte Pretoria in 1900 tydens die Anglo-Boereoorlog beset het, het eers lord Roberts en later lord Kitchener Melrose-huis sy hoofkwartier gemaak.
Die Vrede van Vereeniging, wat die oorlog beëindig het, is hier onderteken. Die volgende leiers het op 31 Mei 1902 in die groot eetkamer om die tafel plaasgeneem vir die ondertekening: Lord Milner; president Schalk Burger, waarnemende president van Transvaal; oud-pres. F.W. Reitz; genl. Louis Botha; genl. J.H. de la Rey; genl. Lucas Meyer; lord Kitchener; genl. C.R. de Wet; genl. J.B.M. Hertzog; W.J.C. Brebner; genl. H.C. Olivier en J.C. Krogh.
Die tafel en die stoele staan steeds in die vertrek en daar is 'n silwerplaat op die tafel aangebring met faksimilees van die handtekeninge van die afgevaardigdes. Die Pretoriase Stadsraad het die huis, met sy inhoud, waaronder Victoriaanse meubels, silwer en porselein, in 1967 vir R300 000 gekoop en dit laat restoureer. Dit is op 17 Mel 1971 deur oud-staatspresident C.R. Swart as museum geopen en terselfdertyd tot nasionale gedenkwaardigheid verklaar.
Vandag is die elegante huis 'n museum wat dien as 'n uitstekende voorbeeld van die oorgang van Victoriaanse na Eduardiaanse argitektuur en binnenshuise versiering. Die huis se binnekant word gekenmerk deur kleurryke brandskilderglasventers, skilderye deur Engelse kunstenaars, matte in ryk kleure en swierige plafonne en kaggels, sowel as waardevolle porseleinornamente. Die meeste van die items het aan die Heysgesin self behoort.
Bibliografie[wysig | wysig bron]
- Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0908409591, volume 18, bl. 114
- Fisher, Roger C. (samesteller): Visuele leksikon van die Suid-Afrikaanse woning. Kaapstad: Unibook Publishers, 1992. ISBN 1-86819-320-9
|
<urn:uuid:444204ae-5058-400a-b3fd-90c9a213c7a8>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Melrose-Huis
|
2019-07-20T05:43:19Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526446.61/warc/CC-MAIN-20190720045157-20190720071157-00165.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999858
| false
|
Porto Alegre
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Brasilië |
Deelstaat | Rio Grande do Sul |
Koördinate | Koördinate: |
Stigting | 26 Maart 1772 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 497 vk km |
Hoogte bo seevlak | 10 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2010) | 1 437 939 |
- Bevolkingsdigtheid | 3 038/vk km |
Tydsone | UTC -3 |
Burgemeester | José Fortunati |
Amptelike Webwerf | portoalegre.rs.gov.br |
Porto Alegre (Portugees, letterlik "Vrolike Hawe") is die hoofstad van die Suid-Brasiliaanse deelstaat Rio Grande do Sul met 'n oppervlakte van 497 vierkante kilometer en 'n bevolking van 1,5 miljoen in 2010. Porto Alegre is die belangrikste handel- en nywerheidsentrum in die suide van Brasilië en die vyfde grootste metropolitaanse gebied van die land met 'n bevolking van 4,0 miljoen. Die stad lê aan die oewer van die Rio Guaíba, wat hier die grootte van 'n meer bereik, sowat 50 kilometer vanaf sy uitmonding in die Lagoa dos Patos.
Porto Alegre is gedurende die Spaans-Portugese grenskonflikte van die 18de eeu gestig. In 1742 het sowat sestig koloniste van die Portugese Asore-eilandgroep hulle aan die oewer van die Rio Guaíba gevestig. Die vinnige ekonomiese opswaai van die nedersetting het in 1824 met die vestiging van Duitse setlaars uit die Hunsrück en ander Duitse gebiede begin wat hier 'n nuwe heenkome as kleinboere gevind het.
Die stad bied aan sy inwoners volgens 'n ondersoek van die Verenigde Nasies die hoogste lewenskwaliteit van alle groot stede in Latyns-Amerika. Porto Alegre is vandag 'n moderne hawestad met baie wolkekrabbers en pronk met sy indrukwekkende ligging in die heuwels van die kusgebied en 'n groot aantal tuine en groen gebiede.
Vanweë die nabygeleë Campanha Gaúcha, die land van die gauchos, word Porto Alegre ook dikwels die "Hoofstad van die Gauchos" genoem. Ander belangrike besienswaardighede in die omgewing is die suidhange van die Serra Gaúcha waar Europese setlaars 'n blywende stempel afgedruk het, en die bouvalle van voormalige Jesuïete-nedersettings.
Geografie en klimaat[wysig | wysig bron]
Danksy die samevloeiing van verskeie kleiner riviere wat in die Rio Guaíba uitmond beskik Porto Alegre oor 'n groot rivierhawe wat vanweë sy uitgestrekte oppervlakte soos 'n groot strandmeer lyk en by die Lagoa dos Patos aansluit wat oor 'n lengte van 250 kilometer en 'n wydte van tot by 60 kilometer strek.
Porto Alegre tel sowat 1,4 miljoen inwoners, terwyl die metropolitaanse gebied met meer as 30 stede (waaronder Canoas, Novo Hamburgo, Campo Bom, São Leopoldo en Gravataí) 'n bevolking van naastenby vier miljoen het.
Vanweë sy ligging in die mees suidelike deel van Brasilië lê Porto Alegre verder af van die meeste groot Brasiliaanse stede soos Rio de Janeiro (1 558 kilometer), São Paulo (1 109 kilometer) en Brasília (2 027 kilometer) as byvoorbeeld van die Uruguaanse hoofstad Montevideo (890 kilometer) of die Argentynse hoofstad Buenos Aires (1 063 kilometer). Die suidelike buurlande het dus ook 'n groot invloed op Porto Alegre se ontwikkeling uitgeoefen. Net soos in Uruguay en Argentinië speel die Gaúcho-kultuur 'n groot rol in die stad en sy omgewing. Sondae geniet mense hier dikwels die tipiese Churrasco, 'n plaaslike variant van 'n braaivleis-ete, en chimarrão (mate-tee) is een van die gewildste dranke in Porto Alegre.
Porto Alegre is in die subtropiese klimaatstreek van Brasilië geleë en kry dwarsdeur die jaar hoë reënval. Somertemperature styg nouliks bo 32 °C, alhoewel die warm somerweer met bedompigheid gepaard gaan. Die hoogste temperatuur wat ooit aangeteken is was 40,7 °C in Februarie 1943. Die winterseisoen word deur matige temperature, maar ook dikwels wisselvallige weerstoestande met wind en reën, en temperature tussen 5 °C en 25 °C gekenmerk. Sneeuval kom nouliks voor en tree meestal in die vorm van nat sneeu op. Die laagste wintertemperatuur wat ooit aangeteken is was -4 °C in Julie 1918. Die weer in die najaar is eweneens wisselvallig, maar warmer. Die lente is die droogste seisoen. Newel kom soggens gereeld voor, en veral vroeë vlugte word deur vertragings geraak.
Geskiedenis[wysig | wysig bron]
Porto Alegre het sy oorsprong in 'n plaas wat temidde van Indiaanse stamgebiede geleë was. In 1752 het setlaars, wat hoofsaaklik van die Asore-eilande afkomstig was, hier 'n klein nedersetting gestig. Twintig jaar later is die parogie van São Francisco do Porto dos Casais gevorm. Hierdie naam is deur die biskop in die volgende jaar gewysig tot Nossa Senhora Madre de Deus do Porto Alegre (Onse Dame Moeder van God van die Vrolike Hawe). Die nedersetting is as die setel van die plaaslike provinsiale regering gekies.
In 1822, die jaar waarin Brasilië sy onafhanklikheid van Portugal verkry het, het die bevolking van Porto Alegre reeds 12 000 beloop. Tussen 1845 en 1860 het die hawefasiliteite ontstaan, en die inwonertal het aan die einde van die eeu die 70 000-kerf verbygesteek.
In 1963 het Porto Alegre as gasheerstad van die Wêreld-Universiteitspele internasionale bekendheid verwerf. Die bewoners het in 1985 'n belangrike rol in die beweging vir vrye verkiesings gespeel, en een van die grootste betogings in die land het hier plaasgevind.
Eksterne skakels[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband met Porto Alegre. |
Hoofstede van Brasilië | ||||
---|---|---|---|---|
|
<urn:uuid:e8dfa031-faf1-417e-88d7-d7d15d281da2>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Porto_Alegre
|
2019-07-21T11:11:03Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00325.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999931
| false
|
Valsbaai
Valsbaai | |
---|---|
Nasa-Satellietfoto met Valsbaai (bo), Kaapstad (middel) en Tafelbaai (regs) | |
Koördinate: | Koördinate: |
Ligging: | Wes-Kaap, Suid-Afrika |
Soort: | Baai van die Atlantiese Oseaan |
Breedte: | 30 km |
Invloei: | Eersterivier, Lourensrivier |
Uitvloei: | Atlantiese Oseaan |
Valsbaai (Engels: False Bay) is 'n baai met 'n lengte van sowat 48 kilometer naby Kaapstad, met Kaappunt en die Kaapse Skiereiland aan die westelike kant en die Hottentots-Hollandberge aan die oostekant.
Onder die vroeë Portugese seevaarders het Valsbaai as Golfo Dentro das Sierras of "Baai tussen die Berge" bekend gestaan. Baie skepe, wat van die Verre-Ooste terugkeer, het die Kaap Hangklip aan die oostelike kant van die baai as Kaappunt aangesien en vaar dus die "valse baai" in. Gevolglik kry Kaap Hangklip vinnig die Portugese naam Cabo Falso ("Valse Kaap").
Die water in die baai het 'n matige temperatuur in vergelyking met strande langs die Atlantiese Oseaan wat deur die koue Benguela-stroom beïnvloed word. Talle vissersdorpies en vakansieoorde het langs die kuslyn van Valsbaai ontwikkel, waaronder Vishoek, Muizenberg, Strand en Gordonsbaai. Simonstad is die hoofkwartier van die Suid-Afrikaanse Vloot.
|
<urn:uuid:16b6642e-51e5-4e44-b485-82f2b8ffc1c1>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Valsbaai
|
2019-07-20T05:25:42Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526446.61/warc/CC-MAIN-20190720045157-20190720071157-00189.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999827
| false
|
Bespreking:Franskraalstrand
Jump to navigation
Jump to search
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Franskraalstrand-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. |
Artikelriglyne
Daaglikse bladtrekke | |
|
<urn:uuid:5abad75a-6f55-4ada-bb51-c22d41df45a2>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Franskraalstrand
|
2019-07-21T11:54:33Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00349.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999975
| false
|
Bespreking:Hermetisme
Jump to navigation
Jump to search
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Hermetisme-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. |
Artikelriglyne
Daaglikse bladtrekke | |
|
<urn:uuid:e48025a5-f3de-4579-bec5-40a5650cf695>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Hermetisme
|
2019-07-24T00:56:15Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530246.91/warc/CC-MAIN-20190723235815-20190724021815-00133.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999988
| false
|
Henry Kulky
Henry Kulky | |
Geboorte | 11 Augustus 1911 |
---|---|
Nasionaliteit | Amerikaans |
Sterfte | 12 Februarie 1965 (op 53) |
Beroep(e) | Akteur |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Henry Kulky (11 Augustus 1911 – 12 Februarie 1965) was 'n Amerikaanse akteur. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente Love Nest (1951), The World in His Arms (1952), en Up Periscope (1959), en in die televisiereeks Voyage to the Bottom of the Sea (1964).
Filmografie[wysig | wysig bron]
Rolprente[wysig | wysig bron]
- 1951: Love Nest
- 1952: The World in His Arms
- 1954: Yukon Vengeance
- 1959: Up Periscope
Televisiereekse[wysig | wysig bron]
- 1953: The Life of Riley
- 1959: Hennesey
- 1964: Voyage to the Bottom of the Sea
|
<urn:uuid:738c99af-55b8-4b24-98e6-1768feee8e90>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Henry_Kulky
|
2019-07-24T00:25:22Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530246.91/warc/CC-MAIN-20190723235815-20190724021815-00133.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.994454
| false
|
Kategorie:Khmer-ryk
Jump to navigation
Jump to search
Wikimedia Commons bevat media in verband met Khmer-ryk. |
Subkategorieë
Hierdie kategorie bevat die volgende 3 subkategorië, uit 'n totaal van 3.
|
<urn:uuid:9ec5cf7c-db63-4cf0-a314-af1fe9107619>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Khmer-ryk
|
2019-07-24T00:41:47Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530246.91/warc/CC-MAIN-20190723235815-20190724021815-00133.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.970581
| false
|
Sombrero-sterrestelsel
Sombrero-sterrestelsel | ||||
Messier 104, of die Sombrero-sterrestelsel. Bron: HST/NASA/ESA | ||||
Soort stelsel | Spiraalsterrestelsel | |||
Sterrebeeld | Maagd | |||
Messier-naam | Messier 104 | |||
Tipe | SA(s)a; LINER | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 12h 39m 59,4s | |||
Deklinasie | -11º 37' 23" | |||
Skynmagnitude | 8,98 | |||
Besonderhede | ||||
Afstand (ligjaar) | 29,3 miljoen | |||
Skynbare grootte | 8′,7 × 3′,5 | |||
Rooiverskuiwing | 0,003416 | |||
Ander name | NGC 4594, PGC 42407, UGC 293, GC3132 | |||
Geskiedenis[wysig | wysig bron]
Die sterrestelsel is in 1767 deur Pierre Méchain ontdek en Charles Messier het dit saam met vyf ander voorwerpe (wat nou saam bekend staan as M104 – M109) aangeteken. William Herschel het dit in 1784 onafhanklik ontdek en die teenwoordigheid van ’n "donker stratum" in die stelsel se skyf aangeteken. Dit is nou bekend as ’n stofbaan.[1][2]
Camille Flammarion het in 1921 Messier se persoonlike lys Messier-voorwerpe gevind en dit het handgeskrewe aantekeninge oor die Sombrero-sterrestelsel bevat. Dit is geïdentifiseer as NGC 4594 en Flammarion het verklaar dat dit in die Messier-katalogus van komeetagtige voorwerpe opgeneem moet word.[2] Dit is sedertdien ook bekend as Messier 104 of M104.
Eienskappe[wysig | wysig bron]
Die sterrestelsel het ’n helder kern, ’n buitengewoon groot sentrale bol en ’n prominente stofbaan om hom. Die bol en die stofbaan laat dit soos ’n sombrero lyk. Die meeste van die koue atomiese waterstofgas[3] en stof[4] van die stelsel lê binne-in hierdie ring. Die stofbaan is die belangrikste gebied van stervorming.[4]
Die stelsel het ’n skynbare helderheid van byna 9 mag en kan dus maklik met amateurteleskope gesien word. Die groot bol, supermassiewe swartkolk in die middel en stofbaan wek ook die belangstelling van professionele sterrekundiges.
M104 lê in ’n komplekse, filament-agtige wolk van sterrestelsels wat strek tot die suidelike deel van die Virgo-sterrestelselswerm.[7] Dit is egter onseker of dit deel is van ’n formele groep sterrestelsels.
Swartkolk[wysig | wysig bron]
In die 1990's is in ’n studie onder John Kormendy bevind dat ’n supermassiewe swartkolk in die middel van die stelsel lê.[8] Volgens die studie kan die omwentelingspoed van die sterre in die middel van die stelsel net gehandhaaf word as die swartkolk se massa sowat ’n miljard sonmassas is.[8] Dit is een van die massiefste swartkolke in nabygeleë sterrestelsels.
Verwysings[wysig | wysig bron]
- G.R. Kepple, G.W. Sanner (1998). The Night Sky Observer's Guide. Vol. 2. Willmann-Bell. p. 451. ISBN 0-943396-60-3.
- K.G. Jones (1991). Messier's Nebulae and Star Clusters (2nd uitg.). Cambridge University Press. ISBN 0-521-37079-5.
- E. Bajaja, G. van der Burg, S. M.; Faber, J. S. Gallagher, G. R. Knapp, W. W. Shane (1984). “The distribution of neutral hydrogen in the Sombrero galaxy, NGC 4594”. Astronomy and Astrophysics 141: 309–317.
- G.J. Bendo, B.A. Buckalew, D.A. Dale, B.T. Draine, R.D. Joseph, R.C. Kennicutt jr., K.Sheth, J.-D.T. Smith, F. Walter, D. Calzetti, J.M. Cannon, C.W. Engelbracht, K.D. Gordon, G. Helou, D. Hollenbach, E.J. Murphy, H. Roussel (2006). “Spitzer and JCMT Observations of the Active Galactic Nucleus in the Sombrero Galaxy (NGC 4594)”. Astrophysical Journal 645 (1): 134–147. doi:10.1086/504033.
- K.-I. Wakamatsu (1977). “Radial distribution and total number of globular clusters in M104”. Publications of the Astronomical Society of the Pacific 89: 267–270. doi:10.1086/130114.
- W. E. Harris, H. C. Harris, G. L. H. Harris (1984). “Globular clusters in galaxies beyond the local group. III NGC 4594 (the Sombrero)”. Astronomical Journal 89: 216–223. doi:10.1086/113504.
- R. B. Tully (1988). Nearby Galaxies Catalog. Cambridge University Press. ISBN 0-521-35299-1.
- J. Kormendy, R. Bender, E. A. Ajhar, A. Dressler, S. M. Faber, K. Gebhardt, C. Grillmair, T. R. Lauer, D. Richstone, S. Tremaine (1996). “Hubble Space Telescope Spectroscopic Evidence for a 1 X 10 9 M☉ Black Hole in NGC 4594”. Astrophysical Journal Letters 473 (2): L91–L94. doi:10.1086/310399.
Eksterne skakels[wysig | wysig bron]
- Hubble-mosaïek van die Sombrero-sterrestelsel
- NightSkyInfo.com
- SEDS: Messier 104
- Sombrero-sterrestelsel op WikiSky: DSS2, SDSS, GALEX, IRAS, Hydrogen α, X-Ray, Astrophoto, Sky Map, Artikels en foto's
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Sombrero-sterrestelsel.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
|
<urn:uuid:9007afdf-2da7-4b46-936a-85e872362907>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/NGC_4594
|
2019-07-24T00:27:42Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530246.91/warc/CC-MAIN-20190723235815-20190724021815-00133.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.996604
| false
|
K2-72
K2-72 | ||||
Sterrebeeld | Waterdraer | |||
Spektraaltipe | M2.7 V | |||
Soort | Hoofreeksster | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 22h 18m 29.27s[1] | |||
Deklinasie | -09° 36′ 44.6″[1] | |||
Besonderhede | ||||
Massa (M☉) | 0,27136517 ± 0,08491[1] | |||
Radius (R☉) | 0,33098936 ± 0,031[1] | |||
Temperatuur (K) | 3 360,47339 ± 86 78[1] | |||
Afstand (ligjaar) | 227,7[1] | |||
Ander name | ||||
EPIC 206209135, 2MASS J22182923-0936444 | ||||
K2-72 (ook EPIC 206209135 genoem) is ’n koel rooidwerg sowat 227 ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Waterdraer. Dit het sover bekend vier planete, wat almal min of meer so groot soos die Aarde is. Een kom in die ster se bewoonbare sone voor.
Ster se eienskappe[wysig | wysig bron]
K2-72 is ’n M-tipe ster wat ’n massa van sowat 27% en ’n radius van sowat 33% van die Son s’n het, volgens ’n ontleding deur Dressing et al. Volgens ’n studie deur Martinez et al. is dit groter, met ’n massa en radius van omtrent 36% van die Son s’n. Albei meen die ster se ligsterkte is tussen 0,013 en 0,015 van dié van die Son. Dit het ’n oppervlaktemperatuur van tussen 3 360 en 3 370 K, in vergelyking met die Son se 5 778 K.[2] Sy ouderdom is onbekend.
Die ster is skynbare magnitude is 15,309. Dit is dus te dof om met die blote oog van die Aarde af te sien.
Planeetstelsel[wysig | wysig bron]
Die ster het sover bekend vier planete. Eers is geglo almal is kleiner as die Aarde, maar in 2017 het nuwe studies deur Martinez et al. en Courtney Dressing bevind K2-72 is aansienlik groter as wat aanvanklik gedink is en dat die planete groter as die Aarde is, hoewel hulle almal steeds vermoedelik aardplanete is. Net een, e, is sover bekend in die bewoonbare sone, hoewel c naby daaraan kan voorkom.
Planeet of skyf (vanaf ster) |
Massa | Semi-hoofas (AE) |
Wentelperiode (dae) |
Eksentrisiteit | Baanhelling (°) |
Radius |
---|---|---|---|---|---|---|
b | — | 0,0438 | 5,5774 | — | — | 1,15±0,20 R⊕ |
d | — | 0,0546 | 7,76 | — | — | 1,10±0,20 R⊕ |
c | — | 0,0855 | 15,1871 | — | — | 1,30±0,22 R⊕ |
e | — | 0,116 | 24,1669 | — | — | 1,25±0,22 R⊕ |
Verwysings[wysig | wysig bron]
Eksterne skakels[wysig | wysig bron]
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
|
<urn:uuid:94ff711e-52ef-47db-af01-2e52627dfe32>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/K2-72
|
2019-07-17T17:28:19Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525355.54/warc/CC-MAIN-20190717161703-20190717183703-00477.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999631
| false
|
1748
jaar
1748 |
◄ | 17de eeu | ◄18de eeu► | 19de eeu | ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1748 |
Kalenders | |
Die opgrawings van Pompeii | |
Die jaar 1748 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 48ste jaar van die 18de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
GebeureWysig
- Danksy die Vrede van Aken bly Nice 'n besitting van Savoie, na dit tydens 1744 tydens die Oostenrykse Suksessieoorlog deur Franse en Spaanse troepe verower is.
- Uniforms met 'n vlootbloukleur word die eerste keer deur die Britse Koninklike Vloot se matrose gedra.
- 1 Januarie – Pous Benedictus XIV publiseer Inter caetera oor karnaval.
- 9 Mei – Pous Benedictus XIV verklaar Alberto Van Bergamo en Giles van Santarem salig.
- 29 Junie – Pous Benedictus XIV publiseer Magnae Nobis oor huweliksbeletsels en vrystellings.
- 18 Augustus – Pous Benedictus XIV verklaar Joseph Calasanz salig.
Literatuur en kunsWysig
ArgeologieWysig
- In Pompeji word die eerste stelselmatige argeologiese opgrawings gedoen.
|
<urn:uuid:917a3288-c8f6-454b-8699-43259a76d59c>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/1748
|
2019-07-18T23:23:06Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525863.49/warc/CC-MAIN-20190718231656-20190719013656-00077.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999954
| false
|
Lys van ingelyfde NG gemeentes
'n Lys van al die gemeentes van die Nederduitse Gereformeerde Kerk ingelyf by ander gemeentes, ingedeel volgens die huidige tien sinodes van die kerk, asook Midde-Afrika, wat nie meer 'n afsonderlike sinode is nie, maar bestaan het uit gemeentes in Zimbabwe, Zambië, Kenia en Tanzanië.
Die getal NG gemeentes het van 1985 tot begin 2012 met 93 afgeneem van 1 246 tot 1 153 en tot begin 2014 met nog 15 tot 1 138. In 2019 was dit nagenoeg 1 115.
Amper 200 gemeentes het egter ophou bestaan omdat heelwat nuwe gemeentes van bestaande gemeentes afgestig het of nuwe gemeentes deur die samesmelting van bestaande gemeentes ontstaan het. Deur die loop van 2011 het die pas waarteen gemeentes ingelyf, saamgesmelt of ontbind het, oënskynlik toegeneem vergeleke met vorige jare toe meer as 10 gemeentes ophou bestaan het. Van dié wat ingelyf is of ontbind het, was De Aar-Suid, Vryburg-Oos, Boksburg, Bloemhof-Oos, Lichtenburg-Noord en -Wes (saamgesmelt), Reitzpark (Welkom), Eloffsdal, Eloffsdal-Wes en Magaliesfort (Pretoria, al drie saamgesmelt), Claremont (Johannesburg) en Ogies.
In 2013 en 2014 het nog twee ou moedergemeentes aan die Rand verdwyn toe Springs (1920) by Springs-Noord ingelyf is en Benoni (1914) by Farrarmere (met die nuwe naam Jubilaté). Teen 2015 is dus reeds die volgende agt moedergemeentes by dogtergemeentes ingelyf: Alberton (1916), Benoni (1914), Boksburg (1894), Germiston (1899), Krugersdorp (1890), Randfontein (1939), Turffontein (1906) en Springs (1920). Die enigste van die groot dorpe en stede aan die Rand wat nog 'n moedergemeente oorgehad het, was Johannesburg (1887), Roodepoort (1905), Brakpan (1917) en Kempton Park (1943).
Gemeentes in kursief weergegee, bestaan nie meer nie. By besonder ou gemeentes (binne die verband van hul sinode) wat ingelyf is, word die stigtingsjaar tussen hakies aangedui.
Inhoud
Suid-AfrikaWysig
Wes-en-Suid-KaaplandWysig
Hoewel die getal gemeentes in die Wes-en-Suid-Kaaplandse Sinode van 1985 tot 2019 van 235 tot 227 afgeneem het, is in dié Sinode in dié tydperk 16 gemeentes afgestig. Vier gemeentes is in die snel ontwikkelende Suid-Kaap en Overberg afgestig: Danabaai (afgestig van Mosselbaai-Suid in 2004), Onrusrivier (afgestig van Hermanus in 2001), Reebok (afgestig op Klein-Brakrivier in 1999) en Suidpunt (afgestig van Bredasdorp op Struisbaai en L'Agulhas in 1996).
Vyf gemeentes het ontstaan in stadsgebiede wat vinnig uitgebrei het: Brackenfell-Proteahoogte (afgestig in 1987), Sonstraal (afgestig in Durbanville in 1987), Die Gemeenskapskerk (afgestig van Table View in 2006), Parow-Welgelegen (afgestig in 1988), Table View (afgestig in 1986 as Tafelbaai met die verdeling van die gemeente Bloubergstrand). Drie gemeentes het ontstaan aan die Weskus: Langebaan (afgestig van Hopefield in 1988), Grootmist (afgestig van Port Nolloth in 1993) en St. Helenabaai (afgestig van Vredenburg in 2005).
Drie was vir spesiale bediening: Riebeek Valley Community Church (gestig in 2006 op Riebeek-Kasteel vir Engelssprekende lidmate), Stellenbosch-Sentraal (afgestig in 1985 vir studente) en Worcester-De la Bat (afgestig vir gehoorgestremde lidmate in 1987). En Houtbaai was jare 'n deel van die tweekoppige NG gemeente Constantia, tot dit in 2014 afgestig het.
Hoewel sowat 30 gemeentes ingelyf is, het die gesamentlike getal gemeentes dus met net agt afgeneem en die getal belydende lidmate met 9 000 tot sowat 213 000 in 2011 toegeneem, net om weer te daal tot sowat 193 000 in 2015 en 182 384 in 2018.
- Bellville-Strandweg ontbind op 31 Oktober 1996 en ingelyf by Bellville-Oos.[1]
- Boston ingelyf by Vredelust.
- Calvinia-Hantam ingelyf by Calvinia in 2016.
- De Hoop ingelyf by Oudtshoorn-Park.
- Die Vlakte ingelyf by Keurboom, Van Riebeeck en Rondebosch.
- Goodwood-Wes ingelyf by Goodwoodpark.
- Kalkbaai ingelyf by Simonstad, destyds bekend as Vishoek.
- Keurboom ingelyf by Rondebosch.
- Kruisvallei (1843) in Oktober 1935 herenig met Tulbagh.[2]
- Langebaanweg in 2000 ingelyf by Langebaan.
- Okiep ingelyf by Boesmanland.
- Oudtshoorn-Zeelandsnek ingelyf by Oudtshoorn-Park.
- Parow-Nuutbegin ingelyf by Parow.
- Parow-Oos ingelyf by Tygerberg.
- Parow-Sentraal ingelyf by Parow-Nuutbegin.
- Parow-Suid ingelyf by Parow-Nuutbegin.
- Parowvallei-Wes ingelyf by Parowvallei.
- Parow-Wes ingelyf by Parow.
- Rondevleihoogte ingelyf by Die Vleie.
- Ruyterwacht-Wes ingelyf by Ruyterwacht.
- Saldanha-Militêr ingelyf by Saldanha.
- Simonstad saamgesmelt met Kalkbaai in 1941 as Simonstad-Kalkbaai, later Vishoek geword. Simonstad afgestig in 1974.
- Southfield ingelyf by Plumstead.
- Studentekerk Stellenbosch ingelyf by Stellenbosch.
- Swellendam-Wes ingelyf by Swellendam in 2008.
- Tygerberg ingelyf by Parow.
- Van Riebeeck ingelyf by Plumstead.
- Vredendal-Wes in 2018 ingelyf by Vredendal.
- Woodstock ingelyf by Maitland.
- Wynberg-Militêr ingelyf by Wynberg.
Die volgende gemeentes se naam het verander:
- Bellville-Suid → Bellville-Oos
- Eppingtuin → Ruyterwacht, waarby Ruyterwacht-Wes (voorheen Epping-Wes) ingelyf is
- Elsiesrivier → Noordweg → Vrijzee
- Kraaifontein-Die Parke → Parke-gemeente
- McLachlan → Plettenbergbaai
- Nieuwe Kerk → Tamboerskloof
- Noorder-Paarl → Toringkerk
- Olifantsrivier → Vredendal
- Onzer → Joubertina[3]
- Retreat → Zwaanswyk
- Simonstad, Simonstad-Kalkbaai → Vishoek
- Tafelbaai → Table View
- Tierberg → Parow-Oos → Parow
- Tiervlei → Parowvallei
- Tiervlei-Oos → Parowvallei-Oos
Oos-KaaplandWysig
Die getal gemeentes in dié sinode het van 1985 tot 2015 gedaal van 114 tot 106. Teen 2019 het dit nog afgeneem, tot 104. Die enigste nuwe gemeentes was die samesmelting van Oos-Londen-Suid en -Wes as De Brug in 1993 (wat in 2010 ingelyf is by Buffelsrivier), Gonubie by Oos-Londen in 1986, Port Elizabeth-Sherwood in 1987 en eers weer 21 jaar ná die laaste volwaardige stigting met die afstigting in 2008 van Sondagsriviermond van Uitenhage-Oos. Eers in 2015 was daar nog twee afstigtings: Waypoint-gemeenskapskerk in Port Elizabeth en Clearview op Maclear in die Noordoos-Kaap.
Etlike baie oue gemeentes het deur die voortdurende ontvolking van die platteland en deur die destydse regering se beleid om die sogenaamde tuislande te konsolideer, ophou bestaan. Hulle was onderskeidelik die 77ste (Komga), 86ste (Alice) en 87ste (Greykerk) oudste NG gemeentes in die land, asook die NG gemeente Du Plessis (1919), onder meer gesetel op die dorpie Cala in die destydse Transkei, Pondoland (1948) en Butterworth (1958), afgestig van Komga en sowat 20 jaar later weer by die moedergemeente ingelyf. Hulle stigtingsdatums word tussen hakies aangedui.
Op 13 September 2010 smelt ook die Middelburg, Oos-Kaap (gestig in 1852), saam met die dorp se ander NG gemeente, Middelburg-Uitsig, as Middelburg-Karoo. Dit is die oudste gemeente wat tot dusver met 'n ander gemeente verenig het. Ondanks die verdwyning van 10 gemeentes, het die gemiddelde getal belydende lidmate per gemeente afgeneem van 650 in 1985 tot 552 in 2012, 538 in 2014 en 496 in 2015 omdat die Sinode se totale getal belydende lidmate met 24,5 persent gedaal het van 74 092 in 1985 tot 55 975 in 2014 en daarna binne 'n jaar met 6 persent tot 52 616. In die hele NG Kerk was die afname tot in 2014 19,6 persent. Net in KwaZulu-Natal (42 persent tot in 2014) was die afname groter as in die Oos-Kaap.
Oos-Kaapland het dan ook teen 2015 38 gemeentes met 200 of minder belydende lidmate gehad: Cathcart 42 (vakant), Clearview 40 (vakant), Dordrecht 198 (vakant), Elliot 200 (eie leraar), Gamtoosvallei (Patensie) 189 (eie leraar), Glen Lynden 146 (eie leraar), Grasvoëlkop 140 (eie leraar), Hofmeyr 113 (eie leraar in 2016 ontvang), Indwe 69 (hulpleraar), Jamestown 88 (hulpleraar), Kensington 175 (pastorale hulp), King William's Town 128 (eie leraar), Klipplaat 27 (vakant), Lady Grey 187 (eie leraar), Loerie 137 (eie leraar), Maclear 139 (in kombinasie met Ugie), Misgund 108 (eie leraar), Molteno 178 (deel 'n leraar met Sterkstroom), Mthatha 83 (gekoppelde leraar), Murraysburg 135 (eie leraar), Nieu-Bethesda 42 (bedien deur leraar van Graaff-Reinet), Noupoort 39 ('n jaar vantevore 118) (eie leraar), Paterson 159 (eie leraar), Pearston 98 (kontrakpos), Port Elizabeth-Oos 133 (eie leraar), Port Elizabeth-Sentraal 70 ('n jaar vantevore 132) (eie leraar), Rietbron 114 (eie leraar), Sondagsriviermond 153 (eie leraar), Sondagsrivier-Suid 197 (eie leraar), Sterkstroom 94 ('n jaar vantevore 123) (bedien deur leraar van Molteno), Steynsburg 147 (eie leraar), Steytlerville 186 (eie leraar), Stutterheim 166 (eie leraar), Tarkastad 155 (eie leraar), Ugie 136 (bedien saam met Maclear), Venterstad 51 ('n jaar vantevore 96) (vakant), Waterford 45 (vakant). Waypoint 49 (vakant). In 1985 het net ses gemeentes in dié kategorie geval: Alice 61, Cathcart 186, Grahamstad-Grenspos 120, Nieu-Bethesda 56, Rietbron 189 en Waterford 166.
Agt-en-dertig ('n jaar vantevore was dit 32 en omstreeks 2012 26), oftewel meer as 'n derde van Oos-Kaapland se gemeentes het dus teen 2016 tot onder die kritieke drumpel van 200 lidmate gedaal wat in die meeste gevalle sinvolle, afsonderlike voortbestaan baie moeilik maak. Reeds in 2008 het die Sinode van Noord-Kaapland in sy ondersoek na die bediening van klein of afgeleë gemeentes[4] bevind 'n gemeente met een leraar op die laagste kerf se bedryfskoste vir 'n jaar beloop R713 668. Met inflasie van 6 persent per jaar sou dit teen 2016 R1 140 000 beloop het. Vir 'n gemeente met 200 lidmate kom dit neer op 'n maandelikse bydrae per lidmaat van R475.
- Alice (1862) ingelyf by Fort Beaufort.
- Butterworth (1958) ingelyf by Komga omstreeks 1978.[5]
- De Brug ingelyf by Buffelsrivier in 2010.
- Du Plessis (1919) ingelyf by Indwe.
- Grahamstad (1916) op 1 Maart 2000 ingelyf by Albanie.
- Grahamstad-Grenspos ingelyf by Grahamstad.
- Greykerk (1862) ingelyf by Fort Beaufort.
- Kensington (Port Elizabeth) op 20 Augustus 2017 by die NG gemeente Parkheuwel ingelyf.
- Komga (1859) ingelyf by Stutterheim.
- Middelburg (1852) en Middelburg-Uitsig smelt 13 September 2010 saam as Middelburg-Karoo.
- Noordeinde ingelyf by Port Elizabeth.
- Nuwekerk, Graaff-Reinet einde November 2017 ingelyf by NG gemeente Graaff-Reinet.
- Oos-Londen-Suid saamgesmelt met Oos-Londen–Wes as De Brug, in 2010 ingelyf by Buffelsrivier.
- Oos-Londen-Wes saamgesmelt met Oos-Londen–Suid as De Brug, in 2010 ingelyf by Buffelsrivier.
- Peddie ingelyf by King William's Town.[6]
- Pondoland ontbind op 24 September 1968.
- Queenstown-Noord en Queenstown–Oos in 1982 saamgesmelt as Queenstown-Tuine.
- Queenstown-Oos en Queenstown–Noord in 1982 saamgesmelt as Queenstown-Tuine.
- Queenstown-Tuine in 1999 ingelyf by Queenstown.
- Rossville (Rhodes) ingelyf by Barkly-Oos.
- Sidwell ingelyf by Port Elizabeth-Noord.
- Uitenhage-Kanonheuwel waarskynlik omstreeks 2008[7] ingelyf by Uitenhage. (Kerkgebou huisves nou Martus Moi-gemeente.[8])
- Visriviervallei (Kookhuis) ingelyf by Somerset-Oos.
- Wespark ingelyf by Algoapark-Noord.
Die volgende gemeentes se naam het verander:
- Cambridge-Wes → Oos-Londen-Wesheuwels
- Maraisburg → Hofmeyr
- Port Elizabeth-Sentraal → Anchor of Hope[9]
- Port Elizabeth-Suid → Walmer
- Umtata → Mthatha
Noord-KaaplandWysig
Net ses heeltemal nuwe gemeentes is van 1985 tot 2015 in dié sinode gestig: Orania in 1999, Vanderkloof op 13 November 2011 afgestig van Petrusville,[10] Upington-Blydeville in 1985, Kimberley Bet-El in 2008 (afgestig van Kimberley-Harmonie), Kimberley-#Gacan op 30 Oktober 2011 (afgestig van Kimberley-Harmonie vir bediening in die San-taal Khwê) en Kimberley-!Xun-Alfa in 2012. Kimberley-Harmonie het in 1999 as gevolg van die samesmelting van drie gemeentes ontstaan terwyl Petrusville-Uitsig, voorheen 'n NG Sendinggemeente, voor die ontstaan van die Verenigende Gereformeerde Kerk in 2005 deel geword het van die Noord-Kaaplandse Sinode. In 2011 het Petrusville-Vanderkloof in sy twee samestellende dele verdeel toe die piepklein gemeente Petrusville (gestig 1881) met 60 belydende lidmate op sy eie gestaan het en Vanderkloof met 129. Die getal gemeentes het dus met twee toegeneem en toe op 82 te staan gekom, vergeleke met 81 in 1985.
Die belydende lidmate het in die 30 jaar tussen 1985 en 2015 afgeneem van 48 954 tot 30 018, wat beteken die gemiddelde getal belydende lidmate per gemeente het gedaal van 604 tot 366, terwyl die sieletal (doop- en belydende lidmate saam) afgeneem het met sowat 49 persent. Teen 2018 het die belydende lidmate net 26 887 getel, maar was daar steeds 82 gemeentes.
- Campbell ingelyf by Douglas omstreeks 1965 toe die gemeente skaars 20 jaar oud was.
- De Aar-Suid ingelyf by De Aar in 2011.[11]
- Hartsvallei ingelyf by Hartskroon in 2006.[12]
- Marydale ingelyf by Prieska op 1 Maart 2001.[13]
- Niekerkshoop ingelyf by Prieska op 1 Maart 2001.[14]
- Sishen ingelyf by Kathu, wat van Sishen afgestig het.[15]
- Kimberley-Militêr ingelyf by Kimberley-Harmonie in 2002.[16]
- Kimberley-Noord saamgesmelt met -Suid as Kimberley-Harmonie op 25 Oktober 1999.[17]
- Kimberley-Suid saamgesmelt met -Noord as Kimberley-Harmonie op 25 Oktober 1999.[18]
- Vergesig (Copperton) afgestig van Prieska op 9 Maart 1975; ingelyf by Prieska op 22 November 1987[19]
- Vryburg-Oos het op 1 Maart 2011 saamgesmelt met Vryburg (1883), nou bekend as Vryburg-Harmonie.[20]
Die volgende gemeentes se naam het verander:
- Boegoeberg → Groblershoop
- Vryburg → Vryburg-Harmonie
- Cathcart-Wes → Boetsap → Klein-Boetsap → Delportshoop[21]
KwaZulu-NatalWysig
Dié sinode het van 1985 tot 2015 amper 45 persent van sy belydende lidmate en 'n kwart van sy gemeentes ('n daling van 71 tot 53[22]) verloor. Die totaal sou selfs minder gewees het, as dit nie was dat Pongola (met sy 627 belydende lidmate in 2015) van die Oostelike Sinode na KwaZulu-Natal oorgedra is nie. Geen geheel en al nuwe gemeentes is in dié tydperk afgestig nie. Die laaste afstigting was Krantzkloof by Durban in 1984. Al gemeentes wat ontstaan het, was deur samesmeltings oftewel eenwordings. Teen 2018 het die belydende lidmate net 18 849 getel, vergeleke met 19 991 'n jaar vantevore, terwyl die getal gemeentes onveranderd op 53 bly staan het.
Die mees opmerklike afname in die getal gemeente was in provinsie se twee stede. Pietermaritzburg het die gemeentes Drakensberg (weliswaar op die nabygeleë Ixopo), Pietermaritzburg-Wes, Merrivale, Pietermaritzburg-Suid en Napierville verloor en gekrimp van 'n ring met nege gemeentes tot net vier: Pietermaritzburg, Pietermaritzburg-Noord, Hayfields en Greytown. In Durban het die gemeentes Durban-Noord, Durban Reformed Congregation, Durban-Suid, Montclair, Glenwood, Hillary en Malvern verlore gegaan, maar net Durban-Oos ontstaan, weliswaar uit 'n samesmelting.
- Babanango (1918) in 1987 ingelyf by Melmoth.
- Bloukrans ingelyf by Weenen.
- Cedarville eengeword met Matatiele as Cedarville-Matatiele toe die gemeentes in Oktober 1979 van Oos-Kaapland se Sinode oorgedra is.[23]
- Drakensberg ingelyf by Kokstad in 2007.
- Duisend Heuwels, gestig op 3 Augustus 1980, in 1985 ingelyf by sy moedergemeente, Pietermaritzburg-Suid.
- Durban-Noord in Maart 2006 ingelyf by Umhlanga.[24]
- Durban Reformed Congregation ontbind in 2004.
- Durban-Suid saamgesmelt op 1 September 2005 met Montclair as Durban-Oos.[25]
- Gelofte in 2013 ingelyf by Ladysmith.
- Glencoe ingelyf by Glencoe-Oos op 1 Augustus 2000.[26]
- Glenwood op 15 Maart 1992 eengeword met Port Natal en Berea, maar Berea stig opnuut af in 1997.[27]
- Hayfields en Pietermaritzburg-Suid smelt saam op 1 Maart 2012 en behou die naam Hayfields.
- Hillary saamgesmelt met Malvern en Durban-Wes op 13 November 2011 as Durban-Wes.
- Malvern saamgesmelt met Hillary en Durban-Wes op 13 November 2011 as Durban-Wes.
- Matatiele saamgesmelt met Cedarville as Cedarville-Matatiele toe die gemeente in Oktober 1979 van Oos-Kaapland se sinode oorgedra is.
- Merrivale in 1999 ingelyf by Pietermaritzburg.[28]
- Montclair saamgesmelt op 1 September 2005 met Durban-Suid as Durban-Oos.[29]
- Napierville ingelyf by Pietermaritzburg-Wes op 5 September 1993,[30] op sy beurt ingelyf by Pietermaritzburg-Noord op 1 Maart 2000.
- Newcastle-Ngagane in 1998 ingelyf by Newcastle-Suid.[31]
- Noordland (Empangeni) op 1 Desember 2005 saamgesmelt met Empangeni.[32]
- Pietermaritzburg Reformed Congregation (gestig in 1982) ingelyf by Durban Reformed Congreagtion.
- Pietermaritzburg-Suid en Hayfields smelt saam op 1 Maart 2012.[33]
- Pietermaritzburg-Wes ingelyf by Pietermaritzburg-Noord.[34]
- Suid-Natal ingelyf by Kokstad en Cedarville-Matatiele in September 2001.[35]
- Vryheid-Suid en –Oos saamgesmelt in 1997 as Vryheid-Suidoos.[36]
VrystaatWysig
Die Vrystaatse Sinode het tussen 1985 en 2011 'n kwart van sy belydende lidmate verloor: van sowat 132 000 tot sowat 94 000. Binne die kort bestek van drie jaar het dit tot in 2013 verder tot 87 000 gedaal en binne die volgende twee jaar tot einde 2015 tot 81 321. In 2018 was dit 73 465. Die getal gemeentes het tot einde 2018 met net 16 tot 154 afgeneem, waarskynlik omdat die ontvolking van die platteland (waar elke dorp in baie gevalle reeds net een gemeente het of waar gemeentes steeds met 'n verminderde aantal lidmate kan funksioneer) nie so geredelik aanleiding gee tot die inlywing van gemeentes nie. Minstens agt gemeentes is egter in dié tydperk in en om Bloemfontein ingelyf en drie op Kroonstad.
Nuwe gemeentes in dié tydperk gestig, is Aandbloem in 1999, Leeuwberg in 1998, Studentekerk in 1986, Universitasrif in 1986, Heuwelkruin in 1988 en Woodland Hills NG gemeenskapskerk (31 Oktober 2010, van Heuwelkruin afgestig),[37] almal in Bloemfontein, Deneysville, wat in 1994 van Oranjeville afgestig het, Schonkenville in 2001 by Parys en Witteberge in 1997 op Bethlehem. Viljoensdrif (gestig in 1948) is ingelyf by Vaalpark, maar het in 2011 opnuut afgestig.
- Bethlehem ingelyf by Bethlehem-Wes.
- Bethlehem-Môrelig op 1 Maart 2018 ingelyf by Bethlehem-Noord.
- Bloemfontein-Oos ingelyf by Ooshoek.
- Brandwag ingelyf by Bloemheuwel.
- Ficksburg-Noord ingelyf by Ficksburg.
- Goedemoed ingelyf by Aliwal-Noord.
- Goldfields Reformed Congregation is ontbind.
- Hennenman-Oos in 2012 ingelyf by die moedergemeente Hennenman.
- Hennenman-Wes in 2012 ingelyf by die moedergemeente Hennenman.
- Kroonheuwel ingelyf by Kroonheuwel-Noord op 1 Januarie 2016.
- Kroonstad-Môrewag ingelyf by Kroonstad-Wes in Januarie 2015.
- Kroonstad-Sarel Cilliers het ontbind.
- Merriespruit ingelyf by Virginia-Wes.
- Monument ingelyf by Uitsig-Bloemfontein.
- Noordrand ingelyf by Hugenoot.
- Reitz-Oos ingelyf by Reitz op 18 Mei 2008.[38]
- Reitzpark (Welkom) ontbind in 2011.
- Rodenbeck ingelyf by Ooshoek op 1 Augustus 1994.
- Sasolburg, Sasolburg-Noord en Sasolburg–Wes saamgesmelt as Sasolburg Vier Ankers.
- Sasolburg-Noord, Sasolburg en Sasolburg–Wes saamgesmelt as Sasolburg Vier Ankers.
- Sasolburg-Wes, Sasolburg en Sasolburg-Noord saamgesmelt as Sasolburg Vier Ankers.
- Seinheuwel ingelyf by Bloemfontein-Noord.
- Senekal-De Rust ingelyf by Senekal.
- Tempe ingelyf by Bloemheuwel.
- Viljoensdrif ingelyf by Vaalpark, stig af as afsonderlike gemeente in 2011.[39]
- Viljoenskroon-Oos ingelyf by Viljoenskroon in 2008.
- Virginia-Oos ingelyf by Virginia.
- Virginia-Saaiplaas ingelyf by Harmonie.
- Welkom-Wespark ingelyf by Welkom-Wes.
Goudland (voorheen Wes-Transvaal)Wysig
Vier nuwe gemeentes is van 1985 tot 2015 gestig (maar die laaste reeds in 1991) in dié sinode in hoofsaaklik stedelike gebied wat snel uitgebrei het, naamlik Falcon Ridge in 1991, Helikonpark 1986, Klerksdorp-Doringkruin in 1990 en Suikerbos (Drie Riviere-Oos) in 1985. Die totale getal gemeentes het nogtans afgeneem van 148 tot 138 en die getal belydende lidmate van byna 111 000 tot sowat 91 000. Tot einde 2018 het die getal gemeente met nog drie afgeneem en die getal belydende lidmate tot 77 245.
- Arconpark en Sonlandpark smelt saam as Lux Deo in September 2013[40]
- Bedworthpark ingelyf by Kollegepark.
- Bloemhof-Oos ingelyf by Bloemhof.
- Blyvooruitzicht ingelyf by Carletonville.
- De Deur ingelyf by Olydal (voorheen Meyerton-Suid).
- Elkana ingelyf by Vanderbijlpark-Noord.
- Florida op 1 Oktober 2014 ingelyf by Constantiakruin.
- Floridapark vroeg in 2016 ingelyf by Constantiakruin.
- Glenharvie ingelyf by Westonaria.
- Herman Steyn ingelyf by Unitaspark.
- Historia ingelyf by Vanderbijlpark-Sentraal (2010).
- Klerksdorp (1889) ingelyf by Klerksdorp-Suid.
- Kriel (Maraisburg) ingelyf by Florida.
- Krugersdorp (7 Junie 1890) saamgesmelt in 2010 met Luipaardsvlei.
- Krugersdorp-Suid ingelyf by Suiderlig (voorheen bekend as Krugersdorp-Wes).
- Lichtenburg-Wes en Lichtenburg-Noord saamgesmelt op 1 Maart 2011 as Lig en Lewe Lichtenburg.
- Ontdekkers saamgesmelt met Ontdekkers-Noord as Ontdekkerskruin in 2004.
- NG gemeente Ontdekkerskruin op 1 Oktober 2015 ingelyf by Veranderde Lewens.
- Ontdekkers-Noord saamgesmelt met Ontdekkers as Ontdekkerskruin in 2004.
- Oos-Driefontein ingelyf by Carletonville.
- Randfontein (1939) ingelyf by Randfontein-Noord.
- Roodepoort in 2018 ingelyf by Horison.
- NG gemeente Roodepoort-Noord op 1 Maart 2016 ingelyf by Horison-Noord.
- Sonlandpark en Arconpark smelt saam as Lux Deo in September 2013.[41]
- Vanderbijlpark-Noord en [NG gemeente Vanderbijlpark-Tuine]] in 2018 saamgesmelt as Collage.
- Venterspost-Wes ingelyf by NG gemeente Westonaria (Venterspost).
- Vereeniging-Suid ingelyf by Vereeniging.
- Voorwaarts ingelyf by Arconpark, nou Lux Deo.
- Zeerust-Noord omstreeks 2017 ingelyf by Zeerust.
Die volgende gemeentes se naam het verander:
- Burgershoop → Krugersdorp-Wes → Suiderlig
- Grasmere → Spioenkop
- Helikonpark → Teteléstai
- Krugersdorp-Wes → Suiderlig
- Meyerton-Suid → Olyfdal
- Noordwesrand → Muldersdrif
- Potchefstroom-Suid → Suiderkruis
- Rissiville → Coram Deo
- Roodepoort-Oos → Veranderde Lewens
- Venterspos(t) → Westonaria
- Venterspost-Wes → Venterspost (ingelyf by Westonaria)
- Vereeniging-Oos → Kerk tussen die Mielielande
- Vereeniging-Wes → De Deur
- Welgemoed → Coligny
Noordelike SinodeWysig
Die mees opvallende verskynsel in dié Sinode, wat eers bekendgestaan het as die Sinode van Noord-Transvaal, is die verdwyning van vyf van die middestadse gemeentes in Pretoria. In 1985 het die gemeentes Pretoria, Bronberg, Burgerspark, Arcadia, Meintjeskop en Harmonie 'n gesamentlike lidmaattal van byna 17 000 gehad. Trouens, net Meintjeskop (ook die eerste van die gemeentes wat ingelyf is) het minder lidmate gehad as die lidmaattal van die enigste oorblywende gemeente in 2008, Pretoria, waarby al die ander gemeentes ingelyf is. Daar was in 2008 meer as tien keer minder lidmate in die gebied wat eers die ses gemeentes beslaan het, en wat in 2008 almal deel gevorm het van die gemeente Pretoria. Die geweldige afname in die NG lidmaattal kan toegeskryf word aan die grootskaalse verhuising van Afrikaanssprekendes uit stadsbuurte soos Arcadia, Sunnyside en die middestad self. Hulle plek is in die meeste gevalle ingeneem deur swart inwoners wat met die afskaffing van die Groepsgebiedewet die eerste keer die geleentheid gekry het om na aan hulle werksplek in die middestad te kom woon. Dieselfde neiging het in die weste van die stad gebeur, waar die gemeentes Pretoria-Wes, Kwaggasrand en Ebenhaeser by Wespoort[43] ingelyf is. Van 1990 tot 2011 het die getal gemeentes van 139 tot 112 (Midde-Afrika uitgesluit) afgeneem. En teen 2018 tot 105.
- Akasia ingelyf by Wonderpark.
- Andrew Murray ingelyf by Lynnwood, herstig in 2006.
- Arcadia ingelyf by Pretoria.
- Bronberg ingelyf by Pretoria.
- Burgerspark ingelyf by Pretoria.
- Capital Park-Oos saamgesmelt met Capital Park as Capital Park-Concordia.
- Ebenhaeser ingelyf by Wespoort.
- Eloffsdal, in 1908 gestig as tweede gemeente in Pretoria, in 2011 saamgesmelt met Eloffsdal-Wes en Magaliesfort as Mootvallei.
- Eloffsdal-Wes in 2011 saamgesmelt met Eloffsdal en Magaliesfort as Mootvallei.
- Erasmia op 1 Maart [2019]] ingelyf by Raslouw.
- Harmonie ingelyf by Pretoria.
- Hartbeeshoek ingelyf by Wonderpark.
- Hartbeesspruit saamgesmelt op 13 September 1998 met Queenswood as Hartbeesspruit-Queenswood.[44]
- Jakaranda ingelyf by Riviera as Riviera-Jakaranda.
- Kwaggasrand ingelyf by Wespoort.
- Lugmagbasis-Pietersburg ingelyf by Renosterpoort.
- Lugmaggimnasium ingelyf by Valhalla.
- Magaliesfort in 2011 saamgesmelt met Eloffsdal en Eloffsdal-Wes as Mootvallei.
- Meintjeskop ingelyf by Arcadia, op sy beurt by Pretoria.
- Monavoni in 1996 ingelyf Raslouw.[45][46]
- Nederlandstaligen (Petrakerk) ingelyf by Pretoria-Oos.
- Phalaborwa-Noord ingelyf by Phalaborwa.
- Potgietersrus-Oos op 1 Julie 2016 ingelyf by Pietpotgietersrus, nou Piet Potgietersrust.
- Pretoria-Noord (1928) ingelyf by Floraunapark, nou Florauna.
- Pretoria-Kollegerand ingelyf by Universiteitsoord.
- Pretoria-Polisiekollege ingelyf by Wespoort.
- Pretoria-Wes (1925) ingelyf by Wespoort.
- Queenswood saamgesmelt met Hartbeesspruit as Hartbeesspruit-Queenswood.
- Rustenburg-Voorspoed ingelyf by Rustenburg in 1994.
- Schanshoogte ingelyf by Valhalla.
- Sonop ingelyf by Brits.
- Tek ingelyf by (onbekend).
- Valhalla-Suid ingelyf by Valhalla.
- Villieria-Oos ingelyf by Waverley.
- Voortrekkerhoogte ingelyf by Skanskop as Schanshoogte, op sy beurt ingelyf by Valhalla.
- Voortrekkerhoogte-Oos ingelyf by Skanskop as Schanshoogte, op sy beurt ingelyf by Valhalla.
- Voortrekkerhoogte-Wes ingelyf by Skanskop as Schanshoogte, op sy beurt ingelyf by Valhalla.
Die volgende gemeentes se naam het verander:
- Floraunapark → Florauna, ná inlywing van Pretoria-Noord
- Hartbeesspruit-Queenswood → Queenswood
- Pietpogietersrus → Piet Potgietersrust
- Potgietersrus-Suid → Hulp en Hoop Gemeenskapskerk
- Rustenburg-Noord → Northam
- Waterberg-Noord → Vaalwater
- Wierdapark-Suid → Kerk-in-Suid
HoëveldWysig
Wat in Kaapstad se suidelike voorstede, die middestede van Pretoria, Bloemfontein, Durban, Krugersdorp, Klerksdorp, Springs, Benoni, Boksburg, Alberton, Roodepoort en Germiston gebeur het, het ook in Johannesburg gebeur toe voormalige blanke groepsgebiede betrek is deur meesal swart intrekkers, wat voorheen ver buite die stad in townships moes woon. In Johannesburg was die geografiese gebied waarin dié neiging voorgekom het, net baie groter, en het dit tot die verdwyning van byna 20 gemeentes gelei. Afrikaanssprekendes het uit talle dele oos, wes, noord en suid van die middestad na verder geleë gebiede verhuis, terwyl die teenoorgestelde gegeld het vir swart inwoners.
In die ooste van die Goudstad is Belgravia eers by Malvern ingelyf en Bezuidenhoutsvallei by Jeppestown, waarna Malvern en Jeppestown as Kensington saamsmelt in 1992. In die weste het Aucklandpark met Melville saamgesmelt, terwyl sewe gemeentes, naamlik Cottesloe, Mayfair, Fordsburg, Langlaagte, Crosby-Wes, Johannesburg-Wes en Brixton, uiteindelik regstreeks of onregstreeks in die enkele gemeente Vergesig verenig is. In 2011 het Claremont ook ophou bestaan. In die noorde en noordooste is Johannesburg-Sterrewag en Noordoosrand by Johannesburg-Noord ingelyf en in 1999 smelt die gemeente saam met die Andrew Murray Congregation, wat tans hoofsaaklik 'n Engelstalige gemeente is, terwyl Parkhurst by Parksig ingelyf is, waarna dit Parkkruin geword het. In die suide is Johannesburg-Suid en Turffontein verenig as Deo Gloria. Rosettenville en Suid-Rand is ingelyf by Klipriviersberg, en Doornkop en Lougherin by Mondeor.
In die Johannesburgse middestad het die gemeentes Johannesburg en Johannesburg-Oos (die sogenaamde Irenekerk) in 1985 nog saam meer as 2 000 lidmate gehad. Aucklandpark (1995) en Johannesburg-Oos (1997) is later by Johannesburg ingelyf, maar uiteindelik het Aucklandpark met Melville saamgesmelt as die Melville Kruisgemeente. In die verkleinde Johannesburgse gemeente (wat in die sogenaamde Irenekerk van die ou Johannesburg-Oos dienste hou) was daar in 2008 minder as 200 lidmate oor en in 2011 60.
Aan die Oos-Rand is die sesde (Boksburg, 1894), tiende (Germiston, 1899), veertiende (Benoni, 1914), vyftiende (Alberton, 1916)[47] en 25ste (Boksburg-Noord, 1936) oudste gemeentes in die Sinode by dogtergemeentes ingelyf vanweë die verandering in dié gebiede se demografie. Ook aan die Oos-Rand is Kemptonpark-Wes by Edleen ingelyf is, Randpark by Alberton-Suid, Springs by Springs-Noord, Springs-Sentraal by Selectionpark, Edenvale-Noord by Edenvale, Elandspoor en Andrew Murray Senderwood by Primrose-Môrewag, Esselenpark by Birchleigh-Noord, Benoni-Wes by Benoni, wat in 2012 by Farrarmere ingelyf is en nou bekendstaan as Jubilaté, Karee by Dunnottar, Brakpan-Suid by Brakpan-Wes, en Leondale by Elsburg-Suid.
Nuwe gemeentes tussen 1985 en 2016 gestig, is Andrew Murray Senderwood (in 2005 vir Engelssprekende lidmate; in 2012 ingelyf by Primrose-Môrewag), Birchleigh-Noord (in 1986), Deo Gloria (uit Johannesburg-Suid en Turffontein in 1994), Effata-vir-Dowes (in 1991), Kensington (wat in 1993 uit die samesmelting van Jeppestown en Malvern ontstaan het) en Trichardt (in 1987). Die getal gemeentes in die sinodale gebied het gedaal van 145 in 1985 tot 128 in 2008 en 118 begin 2016. Teen vroeg 2019 het nog drie ophou bestaan.
Die statistiek agterin die Jaarboek van die Nederduitse Gereformeerde Kerke stem nie altyd ooreen met die syfers in die Jaarboek se afdeling met gemeentebesonderhede nie: Die belydende lidmate agterin die 2013-boek is 84 443, maar al die gemeentes se belydende lidmate saamgetel, is 86 511. Dit is nietemin 'n merkwaardige afname sedert die 2010-syfer van 92 502 en 1995 se 102 751. Die jaarlikse afname van 1995 tot 2013 was 902, maar dit is blykbaar aan die versnel, want van 2005 tot 2013 was die afname 1 220 per jaar en van 2010 tot 2013 'n volle 1 997 per jaar. Die syfer in die Jaarboek van 2016 is 77 843. Tussen 2013 en 2016 het die afname versnel tot 2 200 per jaar. As die afname teen dié tempo voortduur, sal daar teen 2051 nie 'n enkele lidmaat in die Hoëveldse Sinode oorbly nie. Teen einde 2018 het hulle 68 926 getel, 2 911 minder as 'n jaar vantevore.
- Aasvoëlkop smelt op 1 Julie 2018 met Linden saam as Aan die Berg.
- Alberton (1916) ingelyf by Alberton-Wes op 28 November 2010.[48]
- Andrew Murray saamgesmelt met Johannesburg-Noord as Johannesburg-Noord/Andrew Murray en van November 2011 af bekend as net Andrew Murray.
- Andrew Murray Senderwood ingelyf in 2012 by Primroseheuwel, nou Omnia.
- Aucklandpark ingelyf by Johannesburg, later by Melville.
- Belgravia ingelyf by Malvern.
- Benoni (1914) in 2014 ingelyf by Farrarmere; nuwe naam Jubilaté.
- Benoni-Wes ingelyf by Benoni.
- Bethal-Noord in Maart 2016 ingelyf by Bethal-Oos.
- Bezuidenhoutsvallei ingelyf by Jeppestown.
- Boksburg (1894) ingelyf by Boksburg-Suid in 2011.
- Boksburg-Noord (1936) ingelyf by Boksburg-Oos.
- Brakpan-Suid ingelyf by Brakpan-Wes.
- Brixton op 1 Maart 1993 saamgesmelt met Johannesburg-Wes as Vergesig; nou Brixton Kerk.
- Claremont op 28 Augustus 2011 ingelyf by Waterval.[49]
- Cottesloe ingelyf by Brixton.
- Crosby-Wes ingelyf by Vergesig.
- Doornkop ingelyf by Mondeor.
- Edenvale-Noord ingelyf by Edenvale.
- Elandspoor ingelyf by Primrose-Môrewag.
- Esselenpark ingelyf by Birchleigh-Noord.
- Evander-Wes ingelyf by Evander.
- Fordsburg (1896) sien Goudstad.
- Germiston ingelyf by Lambton.
- Goudstad (voorheen Fordsburg, waarby Mayfair vroeër ingelyf is) saamgesmelt met Langlaagte as Goudlaagte, waarvan die naam spoedig weer Langlaagte geword het.
- Jeppestown (1897) en Malvern saamgesmelt as Kensington.
- Johannesburg-Oos (1897) ingelyf by Johannesburg.
- Johannesburg-Sterrewag ingelyf by Johannesburg-Noord.
- Johannesburg-Suid saamgesmelt met Turffontein (1906) as Deo Gloria.
- Johannesburg-Wes op 1 Maart 1993 saamgesmelt met Brixton as Vergesig.
- Kemptonpark-Wes ingelyf by Edleen.
- Karee ingelyf by Dunnottar.
- Kinross by Secunda-Goede Hoop op 1 Julie 2017.
- Klipriviersberg in 2018 ingelyf by Townsview.
- Langlaagte (1892) ingelyf by Vergesig.
- Leondale ingelyf by Elsburg-Suid.
- Linden smelt op 1 Julie 2018 met Aasvoëlkop saam as Aan die Berg.
- Lougherin ingelyf by Mondeor.[50]
- Malvern en Jeppestown (1897) saamgesmelt as Kensington.
- Mayfair ingelyf by Fordsburg.
- Noordoos-Rand ingelyf by Johannesburg-Noord.
- Parkhurst ingelyf by Parksig, nou Parkkruin.
- Portugese gemeente Johannesburg het ontbind.
- Randpark ingelyf by Alberton-Suid.[51]
- Riebeeckpark in 2015 ingelyf by Kemptonpark-Noord.
- Rosettenville ingelyf by Klipriviersberg.
- Springs in 2014 ingelyf by Springs-Noord.
- Springs-Sentraal by Selectionpark.
- Suid-Rand ingelyf by Klipriviersberg.
- Turffontein (1906) saamgesmelt met Johannesburg-Suid as Deo Gloria.[52]
- Vaste Burg ingelyf by Heidelberg.
- Westdene op 1 November 2018 ingelyf by Greymont, nou bekend as Greydene.
Die volgende gemeentes se naam het verander:
- Ferndale → Randburg
- Geduld-uitbreiding → Springs-Noord
- Johannesburg-Noord → Andrew Murray
- Parksig → Parkkruin Familiekerk
- Primroseheuwel → Omnia, hoewel nog amptelik bekend onder ou naam[53]
- Greymont → Greydene.
Oostelike SinodeWysig
Die voormalige Oos-Transvaalse Sinode het van 1985 tot 2012 'n merkwaardige toename van 21 000 belydende lidmate tot 99 000 beleef, die enigste Sinode buiten Wes-en-Suid-Kaapland waar die getal lidmate nié afgeneem het nie. Teen 2014 het dit egter teruggesak tot 95 288 en teen 2018 tot 89 383. Dit is ondanks die insluiting by KwaZulu-Natal van Pongola. Die toename was hoofsaaklik in die oostelike dele van Pretoria, waar talle makrogemeentes, onder meer die grootste gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, die NG gemeente Moreletapark, geleë is. Die getal gemeentes het egter van 90 met vier tot 85 (2014) afgeneem en tot 84 in 2019, hoofsaaklik omdat die neiging hier was om bestaande gemeentes se getal lidmate te laat toeneem sonder dat nuwe gemeentes afgestig word. Die enigste uitsonderings was Verwoerdburgstad (nou kerksondermure, met 11 600 doop- en belydende lidmate in 2010 en 12 456 in 2012) in 1986, wat in 'n heel nuwe stadsdeel ontstaan het, Lux Mundi (voorheen Garsfontein-Oos) in 1988,[54] Moreletapark in 1985 en Valleisig in 1989. Saam het die vier gemeentes in 2012 26 368 belydende lidmate gehad, net 80 minder as KwaZulu-Natal se 57 gemeentes. Die gemiddelde getal belydende lidmate van sowat 1 121 per gemeente (in 2014) is daarom ook veel groter as dié van die kerk as geheel se sowat 683. Die enigste ander afstigtings was Krugerwildtuin in 1986 en Dennesig op Middelburg in 1991.
- Bremersdorp, Swaziland, ingelyf by Goedgegun, Swaziland.
- Camden ingelyf by Ermelo-Oos.
- Drakensig (militêre gemeente) ingelyf by Kampersrus.
- Dullstroom ingelyf by Belfast.
- Esselenpark ('n gemeente vir die spoorwegopleidingsentrum Esselenpark[55]) ingelyf by Birchleigh-Noord (Hoëveldse Sinode).
- Machadodorp en Waterval-Boven saamgesmelt as Machado-Boven.
- Phalaborwa ingelyf by Phalaborwa-Noord onder die naam Phalaborwa.
- Ogies[56] ingelyf by Witbank-Suid in 2011.
- Silverton ingelyf by Skuilkruis.
- Silvertonpark ingelyf by Meyerspark.
- Volksrust-Suid ingelyf by Volksrust.
- Waterval-Boven en Machadodorp saamgesmelt as Machado-Boven.
- Witbank-Park ingelyf by Witbank-Vallei.
Die volgende gemeentes se naam het verander:
NamibiëWysig
Dié sinode se gemeentes is van 1985 tot 2010 deur drie tendense gekenmerk. Eerstens het 'n verandering in die demografie van die land se hoofstad, Windhoek, meegebring dat twee gemeentes in die noordweste van die stad eers saamgesmelt het as Windhoek-Noordland en toe by die gemeente Windhoek-Wes ingelyf is. Windhoek-Wes het egter in 2012 net 345 minder belydende lidmate gehad as die drie gemeentes se totaal in 1985.
Tweedens het alle dorpe op twee na (Walvisbaai met drie en Gobabis met twee), wat vroeër meer as een gemeente gehad het, teen 2008 net een gehad, te wete Keetmanshoop, Outjo, Mariental, Otjiwarongo, Grootfontein en Tsumeb. Eers in 2012 het Gobabis ook sy tweede gemeente verloor toe Gobabis-Suid by die moedergemeente ingelyf is. Dit het die situasie laat ontstaan dat alle Namibiese nedersettings met 'n NG kerk óf 'n enkele gemeente gehad het óf drie of meer (Windhoek en Walvisbaai).
Derdens het die gemeentes Luhebu-Noord (1988), Western Caprivi (1986) en Wildevy (1984) uit sendingbedrywighede ontstaan terwyl Tsumkwe (1961) deel van die Sinode geword het. Die enigste nuwe gemeente in die tydperk van 1985 af was Hentiesbaai in 1995, terwyl Verre Noord, wat tydens die Grensoorlog in 1970 op Oshakati gestig is, en later by Tsumeb ingelyf is, weer in 2006 afgestig het. Oranjemund is ook van die Sinode van Wes-en-Suid-Kaapland na die Namibiese Sinode oorgedra, maar Oewer (Noordoewer) het in 2017 van Warmbad afgestig. Die getal gemeentes het so net van 45 afgeneem tot 44, hoewel die belydende lidmate met sowat 20% gedaal het. Die getal belydende lidmate het van 2018 tot 2019 se Jaarboek van 15 892 tot 14 669 afgeneem.
- Gobabis-Suid op 21 Oktober 2012 ingelyf by Gobabis[57]
- Keetmanshoop-Noord ingelyf by Keetmanshoop.
- Mariental-Suid ingelyf by Mariental.
- Moria-Grootfontein ingelyf by Grootfontein.
- Otjiwarongo-Suid ingelyf by Otjiwarongo.
- Outjo-Wes ingelyf by Outjo.
- Tsumeb-Suid ingelyf by Tsumeb.
- Verre Noorde ingelyf by Tsumeb, in 2006 weer afgestig.
- Walvisbaai-Vesting ingelyf by Walvisbaai-Meersig (Junie 1979[58]).
- Windhoek-Hoogland en Windhoek–Noord saamgesmelt as Windhoek-Noordland.
- Windhoek-Noord en Windhoek–Hoogland saamgesmelt as Windhoek-Noordland.
- Windhoek-Noordland ingelyf by Windhoek-Wes.
Die volgende gemeentes se naam het verander:
ZimbabweWysig
Die huidige getal gemeentes in Zimbabwe weerspieël nié die drastiese afname in die getal lidmate sedert die land se ekonomiese verval vroeg in die een-en-twintigste eeu begin het nie. Die destydse Sinode van Midde-Afrika het in 1985 uit sestien gemeentes bestaan. Intussen het die gemeente in Lusaka oorgeskuif van die Vrystaatse Sinode, waar dit deel was van die ring van Bloemfontein-Noord, om eers 'n gemeente van die Sinode van Midde-Afrika te word en tans te ressorteer onder die Ring van Midde-Afrika binne die Noordelike Sinode. Die laaste nuwe gemeentes in dié land is in 1976 (Chegutu en Kwekwe) en 1978 (Harare se Engelse gemeente wat tans die Cornerstone Congregation is) afgestig. Met die gedurige afname in lidmaattal (van altesaam byna 3000 in 1985 tot sowat 1 050 in 2015) het die getal gemeentes ook afgeneem, van 16 tot 11.
- Bindura ingelyf by Harare.
- Bulawayo-Noord ingelyf by Bulawayo.
- NG gemeente Chivhu in 2014 ingelyf by Beatrice.
- Gweru ingelyf by Kadoma.
- Harare-Suid (1954) ingelyf by Harare.
- Hwange ingelyf by Bulawayo-Noord (1952).
- Karoi (1968) saamgesmelt met Chinhoyi (1949) as Chinhoyi/Karoi.
- Kwekwe (1976) ingelyf by Kadoma (1943).
- Rusape (1949) saamgesmelt met Marondera (1951) as Marondera-Rusape.
Die volgende gemeentes se naam het verander:
- Enkeldoorn → Chivhu, ingelyf by Beatrice
- Fort Victoria → Masvingo
- Gatooma → Kadoma
- Gwelo → Gweru, ingelyf by Bulawayo
- Hartley → Chegutu
- Marandellas → Marondera, gekombineer met Rusape
- Melsetter → Chipinge
- Que Que → Kwekwe, ingelyf by Kadoma
- Salisbury → Harare
- Salisbury-Suid → Harare-Suid, ingelyf by Harare
- Sinoia → NG gemeente Chinhoyi, gekombineer met Karoi
- Umtali → Mutare
- Wankie → Hwange, ingelyf by Bulawayo-Noord, op sy beurt ingelyf by Bulawayo
ZambiëWysig
Al 10 die Zambiese gemeentes is mettertyd by Lusaka ingelyf, maar in 1998 stig 'n afsonderlike gemeente weer af op Kitwe vir die noorde van die land, waar die NG gemeente Nkana vroeër gesetel was. Die nuwe gemeente heet Dutch Reformed Church in Zambia Nkhana. Die 10 ingelyfde gemeentes was:
KeniaWysig
Die drie gemeentes in Kenia het saam met die Afrikaanse bevolking verdwyn. Hulle was Loubser op Thomson's Falls, Vergenoeg op Eldoret en die NG gemeente Nairobi, wat in 1958 gestig is en in 1959 130 belydende lidmate gehad het, maar blykbaar kort daarna verdwyn het.
TanzaniëWysig
ArgentiniëWysig
- Chubut is in 1906 gestig, in 1927 ingelyf by die Kaapse Kerk en iewers in die 1930's ontbind.
VerwysingsWysig
- ( ) NG gemeente ontbind, smelt saam met ander, Die Burger, 23 Oktober 1996.
- Die Burger
- ( ) Onder-Kouga: oorsig van 'n kontrei. URL besoek op 20 September 2015.
- Gemeentes.co.za
- Die verhaal van die NG kerk op Komga. URL besoek op 23 September 2013
- NG Kerk-webtuiste
- Martus Moi-gemeente se verhaal
- Alexanderstraat, Uitenhage
- Kennisgewing op webtuiste van NG Kerk in Oos-Kaapland oor gemeente se werksaamhede
- Sinode Noord-Kaapland
- Sinode Noord-Kaapland
- Sinode Noord-Kaapland
- Sinode Noord-Kaapland
- Sinode Noord-Kaapland
- Sinode Noord-Kaapland
- Sinode Noord-Kaapland
- Sinode Noord-Kaapland
- Sinode Noord-Kaapland
- Sinode Noord-Kaapland
- Sinode Noord-Kaapland
- Sinode Noord-Kaapland
- NG Kerk in KwaZulu-Natal
- Sinode van KwaZulu-Natal
- Sinode van KwaZulu-Natal
- Sinode KZN
- Sinode van KwaZulu-Natal
- Sinode van KwaZulu-Natal
- Sinode van KwaZulu-Natal
- Sinode KZN
- Pietermaritzburg-Noord se geskiedenis
- Beeld
- NG gemeente Empangeni se geskiedenis
- Nuusbrief van Sinode van KwaZulu-Natal
- Sinode KZN
- Sinode van KwaZulu-Natal
- Sinode van KwaZulu-Natal
- Gemeente se webtuiste
- Kerkbode se amptelike nuus. URL besoek op 3 Mei 2015.
- Kerkgebou van Viljoensdrif op Google Maps
- Amptelike kennisgewings in die Kerkbode. URL besoek op 19 Oktober 2013.
- Amptelike kennisgewings in die Kerkbode. URL besoek op 19 Oktober 2013.
- Mootvallei se Facebook-groep.
- NG gemeente Wespoort
- WikiUP
- Beeld
- NG gemeente Raslouw se webwerf
- Gemeentegeskiedenis
- Webtuiste van Alberton-Wes
- Die Kerkbode se webwerf
- NG Kerk-webtuiste
- Alberton-Suid se webwerf
- Beeld
- Amptelike nuus op Kerkbode.co.za.
- Luxmundi.org.za
- Railways Africa
- Oostelike Sinode se webwerf
- ( ) Amptelike kennisgewings, Kerkbode, 2 November 2012. URL besoek op 27 November 2014.
- NG gemeente Walvisbaai-Meersig se geskiedenis
BronneWysig
Eksterne skakelsWysig
- Oudtshoorn-De Hoop se kerkgebou te koop op Bid or Buy. URL besoek op 16 Augustus 2013.
- Die destydse NG gemeente Germiston se kerkgebou staan langs 'n winkelsentrum, taxi-staanplek en parkeerterrein.
|
<urn:uuid:4103c5ae-d5d0-4b72-baf7-dfbec3a6b8f1>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Lys_van_ingelyfde_NG_gemeentes
|
2019-07-18T23:18:51Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525863.49/warc/CC-MAIN-20190718231656-20190719013656-00077.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999232
| false
|
V6-enjin
'n V6-enjin is 'n V-enjin met ses silinders wat in twee banke van drie silinders gemonteer is, gewoonlik op 'n 60 of 90 grade hoek tot mekaar. Die V6 is een van die kompakste enjinkonfigurasies, en verplasing wissel gewoonlik van 2.0 L tot 4.0 L, korter as die inlynviersilinder en meer kompak as die V8-enjin. Danksy sy kort lengte, pas die V6 goed in in die algemeengebruikte dwarsenjin-voorwielaandrywinguitleg.
Dit word steeds meer gewild, omrede die ruimte wat toegelaat word vir enjins in moderne motors kleiner word terwyl die kragbehoefte verhoog. Dit het die inlynses grootliks vervang, wat byna twee keer so lank is - te lank om in meeste moderne enjinkompartemente te pas - en die V8: groter, duurder en met swaarder brandstofverbruik. Die V6-enjin is die algemeen aanvaarde enjin vir medium-grootte motors, dikwels as 'n opsionele enjin waar 'n inlynvier die standaard is, of as 'n standaardenjin waar 'n V8 'n hoëprestasieopsie is.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
|
<urn:uuid:8c8c4c15-bc19-4bdd-83d1-b753c309ec5e>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/V6-enjin
|
2019-07-18T23:50:45Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525863.49/warc/CC-MAIN-20190718231656-20190719013656-00077.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999961
| false
|
Albi
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Frankryk |
Région (gewes) | Oksitanië |
Département | Tarn |
Koördinate | |
Stigting | 51 v.C. (Civitas Albigensium) |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 44,26 vk km |
Hoogte bo seevlak | 130-308 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2011) | 49 179 |
- Bevolkingsdigtheid | 1 111/vk km |
- Metropolitaanse gebied | 95 892 |
Tydsone | UTC +1 |
- Somertyd | UTC +2 |
Burgemeester | Stéphanie Guiraud-Chaumeil |
Amptelike webwerf | mairie-albi.fr |
Albi is 'n stad in die suide van Frankryk. Dit is die hoofstad van die Franse département Tarn en het 'n bevolking van ongeveer 50 000 mense. Die Tarn-rivier vloei deur die stad. In Julie 2010 is die plek as 'n UNESCO-wêrelderfenisgebied verklaar.
Inhoud
GeskiedenisWysig
Die gebied was reeds in die Romeinse tye bewoon en die sogenaamde Civitas Albiensium was hier geleë. In 843 het Karel die Kale die stad in besit geneem. Die Kathare, wat Albigense of Albigensers genoem is, is na die stad vernoem. Die Kathaar-beweging was 'n sytak van die Christendom wat in die Middeleeue vervolg en uitgewis is. As gevolg hiervan is die stad byna heeltemal tussen 1209 en 1229 in 'n kruistog vernietig (sien Albigensiese Kruistog). Sedert 1678 is die stad die setel van 'n aartsbiskop. Dit is sedert 1790 die hoofstad van die département Tarn.
KatedraalWysig
Die katedraal Sainte-Cécile (Frans: Cathédrale Ste-Cécile d'Albi) is 'n bekende trekpleister vir toeriste. Dit is in gotiese styl soos 'n fort gebou. Die katedraal se mure is tot 6 meter dik, wat dit die grootste baksteengebou ter wêreld maak. Binne die katedraal is daar fresko's (muurskilderye) uit die Renaissance.
MuseumWysig
Die stad is ook die ligging van 'n museum wat aan die skilder Henri de Toulouse-Lautrec opgedra is. De Touluose-Lautrec is in die stad gebore. Die museum bevat ook skilderye van ander kunstenaars.
|
<urn:uuid:f0be61b2-59a9-40d7-b5e7-7e4d0ba566f1>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Albi
|
2019-07-17T16:38:42Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525355.54/warc/CC-MAIN-20190717161703-20190717183703-00501.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999766
| false
|
Kategorie:Namibië
Wikimedia Commons bevat media in verband met Namibië. |
Subkategorieë
Hierdie kategorie bevat die volgende 14 subkategorië, uit 'n totaal van 14.
D
-
E
-
G
-
-
-
K
-
O
-
P
-
R
-
S
-
V
-
W
-
Wikimedia Commons bevat media in verband met Namibië. |
Hierdie kategorie bevat die volgende 14 subkategorië, uit 'n totaal van 14.
|
<urn:uuid:aafa8116-4f5f-47d2-9807-d9095c593960>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Namibi%C3%AB
|
2019-07-20T05:54:13Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526446.61/warc/CC-MAIN-20190720045157-20190720071157-00261.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.981504
| false
|
Rooiwangwoudsysie
Die Rooiwangwoudsysie, ook bekend as die Rooirugsaadvretertjie (Cryptospiza reichenovii) is 'n gelokaliseerde algemene standvoël van woudonderbos maar word maklik misgekyk. Hulle vlieg baie vinnig en reguit. Die voël is 12 cm groot en weeg 12 - 17 gram. In Engels staan die voël as die Red-faced Crimsonwing bekend.
Rooiwangwoudsysie | ||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Bewaringstatus | ||||||||||||||||
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||||||||
Binomiale naam | ||||||||||||||||
Cryptospiza reichenovii (Hartlaub, 1874) |
Inhoud
Sien ookWysig
BronWysig
VerwysingsWysig
- BirdLife International (2012). "Cryptospiza reichenovii". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.
|
<urn:uuid:ea0a87c5-69fa-4278-8829-5b96e04a7e44>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Rooirugsaadvretertjie
|
2019-07-20T05:04:49Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526446.61/warc/CC-MAIN-20190720045157-20190720071157-00261.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.997302
| false
|
Skerptandbaber
Die skerptandbaber (Clarias gariepinus) is 'n varswatervis wat voorkom in die Oranjerivierstelsel en alle ander riviere noordwaarts in Suider-Afrika; dit kom feitlik oor die hele Afrika voor. Dit staan ook bekend as die baber en in Engels as die Sharptooth catfish.
Skerptandbaber | ||||||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Bewaringstatus | ||||||||||||||||||||||||||||
Nie geëvalueer (IUBN 3.1) | ||||||||||||||||||||||||||||
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||||||||||||||||||||
Binomiale naam | ||||||||||||||||||||||||||||
Clarias gariepinus (Burchell, 1822) |
Inhoud
VoorkomsWysig
Die vis het 'n lang, bruin- tot swartkleurige lyf, en 'n plat kop met vier paar lang baarde om die mond. Die dorsale vin is lank tot amper by die stertvin en die anale vin is ook lank. Die kop is groot en plat, die oë is kein en die bek is groot. Die vis word tot 1.4 m lank en 33 kg swaar. Die Suid-Afrikaanse hengelrekord is 33.3 kg, Zimbabwe 30.845 kg en Malawi 16.1 kg.
HabitatWysig
Die vis kom regdeur Afrika voor in feitlike alle varswaterstelsels. Die vis oorleef gemaklik in slegte watertoestande en kan asemhaal met 'n spesiale kamer bokant die kieue. Dit kruip oorland om by ander waterplekke uit te kom en vreet feitlik enigiets. Die wyfie lê haar eiers gedurende die somerreën.
|
<urn:uuid:64132f1e-70f4-43b2-b407-d96e268ca85c>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Skerptandbaber
|
2019-07-20T05:52:37Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526446.61/warc/CC-MAIN-20190720045157-20190720071157-00261.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.993884
| false
|
Qiqihar
Qiqihar 齐齐哈尔 |
Die binnestad van Qiqihar. | |
Ligging in die Volksrepubliek China
Koördinate: Koördinate: | |
Land | Volksrepubliek van Sjina |
---|---|
Provinsie | Heilongjiang |
Regering | |
- Kommunistiese Party van China Sekretariskomitee | Han Dongyan (韩冬炎) |
- Burgemeester | Guo Xinshuang (郭新双) |
Oppervlak | |
- Stad | 42 469 km² (16 397 vk m) |
Hoogte | 147 m (482 vt) |
Bevolking (2010) | |
- Stad | 5 367 003 |
- Digtheid | 130/km² (330/vk m) |
- Metropolitaans | 1 514 188 |
Tydsone | SST (UTC+08:00) |
Poskode | 161000 |
Skakelkode(s) | 0452 |
Webwerf: qqhr.gov.cn |
Qiqihar (Chinees: 齐齐哈尔) is 'n stad in die Chinese provinsie Heilongjiang met 'n bevolking van 5 367 003 in 2010. Die stad is in die noordooste van China, oos van die grens tot Mongolië, suid en wes van die grens tot Rusland en noord van die grens tot Noord-Korea geleë.
|
<urn:uuid:fe6515e7-cb55-47de-8f22-4f30cfffb886>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Qiqihar
|
2019-07-20T05:36:03Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526446.61/warc/CC-MAIN-20190720045157-20190720071157-00261.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.904337
| false
|
Alkibiades
Gedurende die 5de eeu v.C. het Athene 'n ongekende bloeitydperk beleef. Dit kan veral toegeskryf word aan die wyse regering van Perikles, wat langer as dertig jaar die leisels in die hande gehou en die Atheense Ryk en kultuur op elke gebied uitgebou het. Maar oral het jaloerse bure, soos die Spartane en die Korinthiërs, op hul kans gewag, en toe Perikles in 429 v.C. tydens 'n pesepidemie sterf, was Athene soos 'n skip sonder roer. Sy opvolgers was swak. Hulle het Athene in onnodige oorloë gedompel, en die mense het 'n nuwe leier gesoek wat hul verbeelding kon aangryp. Teen hierdie agtergrond het Alkibiades na vore getree. Die eindelose oorloë en die dood van Perikles het Athene uitgeput, en in 420 v.C. kies die Atheners die jong Alkibiades as een van die tien bevelhebbers oor hul leer. Hierdie keuse sou rampspoedige gevolge hê, maar wie kan die Atheners daarvoor blameer dat hulle nie bestand was teen die persoonlikheid van hierdie aantreklike, dapper en intelligente jong man nie? Hoewel hy voortvarend en astrant was, het die hele Athene sy welsprekendheid, sy vinnige brein en sy geestigheid bewonder. Alkibiades is omstreeks 450 v.C. in Athene gebore. Sy moeder was 'n niggie van Perikles, en na die dood van Alkibiades se vader het die seun in Perikles se huis grootgeword. Perikles het baie van hom gehou; maar hy en Sokrates, die beroemde denker, het tevergeefs probeer om die jong man se vele talente in die regte rigting te stuur. Toe Alkibiades in 420 v.C. tot generaal verkies word, het Athene pas met Sparta vrede gesluit. Maar Sparta se bondgenote was nie gediend met die vredesvoorwaardes nie, en Alkibiades het alles in sy vermoë gedoen om onrus te stook. Hy het die Atheners oorgehaal om 'n verbond met Argos, Sparta se ou vyand, te sluit, in die hoop dat dit hom die geleentheid sou gee om 'n groot Atheense leër in die Peloponnesos (‘n skiereiland in Suid-Griekeland), aan te voer. Nikias, sy mededinger in Athene, het hom egter daarvan beskuldig dat hy onnodige twis veroorsaak. In 418 v.c. is Alkibiades dan ook nie as generaal herkies nie, en Sparta het die Atheners en hul bondgenote beslissend by Mantenia verslaan.
Die Sisiliaanse Ekspedisie[wysig | wysig bron]
Alkibiades het nou ander maniere gesoek om sy ambisie te bevredig. Toe Segesta, 'n Griekse stad in Sisilië , Athene om hulp vra teen Selinus, 'n bondgenoot van die magtige stad Sirakuse aan die ooskus van Sisilië, kry AIkibiades sy kans. Hy moedig die Atheners aan om 'n groot leer na Sisilië te stuur, en skets 'n gloeiende beeld van Sisilië en die moontlikheid van Atheense verowerings daar. Die versigtige Nikias was gekant teen hierdie onderneming en het die Atheners gewaarsku teen die gevare en koste van so 'n ekspedisie. Maar Alkibiades het hul verbeelding beetgepak, en hulle dring daarop aan dat Nikias en Alkibiades saam met 'n ander generaal, Lamachos, as gesamentlike bevelvoerders van die Atheense leer na Sisilië gaan. Toe die groot vloot gereed is om te vertrek (415 v.C.), gebeur 'n snaakse ding. Een oggend sien die Atheners met skok dat iemand gedurende die nag die Hermae geskend het. Dit was vierkantige klippilare met borsbeelde van die god Hermes daarop wat op straathoeke en voor die huise gestaan het. Niemand het ooit vasgestel of dit Alkibiades, vriend en vyand van Athene gedoen het nie, maar Alkibiades is verdink. (Dit is vandag taamlik seker dat hy nie skuldig was nie, maar hy was in Athene berug vanweë sy onbesonnenheid.) Alkibiades wou hê dat hy verhoor en vrygespreek word voor die vloot vertrek, maar sy vyande het daarin geslaag om dit te voorkom. Eers toe hy reeds besig was om die aanval teen Sirakuse te lei, is hy teruggeroep om verhoor te word.
Alkibiades verraai Athene[wysig | wysig bron]
Alkibiades het besef dat sy vyande in Athene besig was om saam te sweer om hom uit die weg te ruim, want die meeste van sy ondersteuners was saam met hom in Sisilië. Op pad terug na Athene ontsnap hy by Thurii en gaan na Sparta. Hier tref hy boodskappers van Sirakuse aan wat die Spartane om hulp teen die Atheners kom vra het. Alkibiades het die Spartane aangemoedig om 'n Spartaanse generaal na Sirakuse te stuur en om Dekelea in Afrika, die sleutel tot die Atheense verbindingsnetwerk op land, te probeer verower. Dit het die Spartane gedoen, en die Sisiliaanse ekspedisie het op 'n geweldige mislukking vir die Atheners uitgeloop. Intussen het Alkibiades saam met die Spartane uitgevaar om Athene se bondgenote in Klein-Asië en in die Egeïese See oor te haal om in opstand te kom. Die Spartane het hom egter nie vertrou nie, en hy het na die Perse gevlug. Na Athene kon hy nie terugkeer nie, want sy vyande, die demokrate, wat geglo het dat die volk 'n deelname moet hê aan die regering van die stad, het die mag in die hande gehad. In Athene was daar egter 'n minderheid wat ontnugter was deur die demokrate se mislukking in die Sisiliaanse veldtog en 'n oligargie (regering deur rykes) wou instel. Alkibiades het hierdie mense ondersteun. In 411 slaag hulle in hul doel, gedeeltelik omdat die meeste van die armer burgers saam met die vloot, wat nou by Samos gele het, weg was. Die demokrate het egter 'n demokratiese teenregering op Samos uitgeroep. Hulle besluit ook om onmiddellik na Athene te vaar en die demokrasie daar te herstel. Maar Alkibiades laat hulle van die plan afsien. Dit sou net burgeroorlog in Athene laat ontstaan, het hy verduidelik; en al wat nog oorgebly het van die Atheense ryk sou dan aan die Spartane oorgelaat wees. In plaas daarvan het hy as aanvoerder van die demokrate se vloot opgetree en die Spartane by Cyzicus verslaan. Die oligargie in Athene het ineengestort, en Alkibiades is deur die Atheners as hul "bevryder" van die oligargie, wat hy self aan die bewind help stel het, gehuldig. Die Atheners het nou gehoop dat Alkibiades in staat sou wees om sy invloed by die Perse te gebruik om 'n verbond te sluit, maar hy het nie daarin geslaag nie. Die nederlaag wat die Atheners onder sy aanvoering by Notium teen die Spartane gely het, het ook teen hom getel, en hy is nie as generaal herkies nie. Liewer as om in skande na Athene terug te keer, het hy himself na die Traciese Chersonesos teruggetrek. Die Atheners het nog een oorwinning behaal, by Argunisae in 405, maar die volgende jaar het hulle teen die Spartane te staan gekom by Aegospotami. Alkibiades het teruggekeer en die Atheense bevelvoerders aangeraai om na Sestus te verskuif. Hulle wou nie, en is die volgende dag deur Lisander in die laaste, beslissende slag van die Peloponnesiese oorlog verslaan. Alkibiades het na Frigie gevlug, waar hy deur die Perse vermoor is. Alkibiades was een van daardie mense van wie gesê kan word dat dit gevaarlik is om hom as vyand te hê, maar nog gevaarliker om hom aan jou kant te hê. Athene het, tot sy groot onheil, hierdie man in albei rolle geken.
Bronnelys[wysig | wysig bron]
- Kennis, Volume 2, 1980, bl.232, ISBN 0-7981-0824-X
|
<urn:uuid:39a5d832-23d8-4e94-896d-cee3dac1e205>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Alkibiades
|
2019-07-21T11:14:44Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00421.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 1.000005
| false
|
Jacques Kallis
Jacques Kallis | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Volle naam | Jacques Henry Kallis | |||||
Gebore | 16 Oktober 1975 Pinelands, Kaapstad, Suid-Afrika | |||||
Bynaam(e) | Jakes, Woogie, Ducklis | |||||
Lengte | 1.80 m | |||||
Kolfstyl | Regshandig | |||||
Boulstyl | Regterarm vinnig-medium | |||||
Rol | Veelsydige speler | |||||
Internasionale inligting | ||||||
Nasionale span | Suid-Afrika | |||||
Toetsdebuut (no 262) | 14 Desember 1995 v Engeland | |||||
Laaste Toets | 26-30 Des 2013 v Indië | |||||
Toetshempno. | 27 | |||||
EDI debuut (no 38) | 6 Januarie 1996 v Engeland | |||||
Laaste EDI | 12 Julie 2014 v Sri Lanka | |||||
EDI hempno. | 3 | |||||
T20I debuut (no 4) | 21 Oktober 2005 v Nieu-Seeland | |||||
Laaste T20I | 2 Oktober 2012 v Indië | |||||
T20I hempno. | 3 | |||||
Eersterang spaninligting | ||||||
Jaar(e) | Span | |||||
1993- | Westelike Provinsie/Kaapse Kobras | |||||
1997 | Middlesex | |||||
1999 | Glamorgan | |||||
2008–2010 | Royal Challengers Bangalore | |||||
2011–2014 | Kolkata Knight Riders | |||||
2014–2015 | Sydney Thunder | |||||
2015- | Trinidad and Tobago Red Steel | |||||
Loopbaanstatistiek | ||||||
Kompetisie | Toets | EDI | 1e rang | A-Lys | ||
Wedstryde | 166 | 328 | 257 | 424 | ||
Lopies aangeteken | 13,289 | 11,579 | 19,695 | 14,845 | ||
Kolfgemiddeld | 55.37 | 44.36 | 54.10 | 43.53 | ||
100s/50s | 45/58 | 17/86 | 62/97 | 23/109 | ||
Hoogste telling | 228 | 139 | 224 | 155* | ||
Aflewerings geboul | 20,232 | 10,750 | 29,033 | 13,673 | ||
Paaltjies | 292 | 273 | 427 | 351 | ||
Boulgemiddeld | 32.65 | 31.83 | 31.69 | 30.68 | ||
5 paaltjies in 'n kolfbeurt | 5 | 2 | 8 | 3 | ||
10 paaltjies in 'n wedstryd | 0 | 0 | 0 | 0 | ||
Beste boulontleding | 6/54 | 5/30 | 6/54 | 5/30 | ||
Vangskote/Stonkings | 200/– | 131/– | 264/– | 162/– | ||
Bron: cricinfo, 14 Februarie 2016 |
Inhoud
Toetsrekord[wysig | wysig bron]
Toetse | Tot Lopies | Hoogste | Gem | 100-talle | 50-talle |
---|---|---|---|---|---|
166 | 13289 | 228 | 55.44 | 45 | 58 |
Soos op 29 Desember 2013
Toetse | Balle | Paaltjies | Beste/beurt | Beste/wedstryd |
---|---|---|---|---|
165 | 19774 | 289 | 6/54 | 9/92 |
Soos op 25 Desember 2013
Wedstryde | Tot Lopies | Hoogste | Gem | 100-talle | 50-talle |
---|---|---|---|---|---|
325 | 11574 | 139 | 44.86 | 17 | 86 |
Wedstryde | Balle | Paaltjies | Beste/beurt |
---|---|---|---|
325 | 10750 | 273 | 5/30 |
Soos op 18 Desember 2013
Hoogtepunte[wysig | wysig bron]
Jacques is die enigste krieketspeler ooit wat meer as 10,000 lopies en 250 paaltjies in beide toetskrieket en internasionale eendagwedstryde behaal het.[1][2] Hy is derde op die internasionale kolflys vir meeste toetslopies ooit:
Speler | Lopies | Toetse | 100-talle | Vangskote | Land |
---|---|---|---|---|---|
SR Tendulkar | 15 921 | 200 | 51 | 115 | Indië |
RT Ponting | 13 378 | 168 | 41 | 196 | Australië |
JH Kallis | 13 289 | 166 | 45 | 199 | Suid-Afrika |
R Dravid | 13 288 | 164 | 36 | 210 | Indië |
Soos op 29 Desember 2013
- Hy is die tweede speler wat 40 toetshonderdtalle kon behaal (45). Sachin Tendulkar hou tans die rekord met 51 toetshonderdtalle.
- Hy is die eerste Suid-Afrikaner wat in 160 toetse gespeel het.
- Hy is uiteraard ook die Suid-Afrikaanse toetslopie rekordhouer.
- Hy beklee die tweede plek met vangskote (200) in toetskrieket vir Suid-Afrikaners. Net Mark Boucher (532) het meer vangskote geneem.
- Hy beklee die tweede plek vir toetsvangskote (paaltjiewagters uitgesluit).
Eksterne skakels[wysig | wysig bron]
Verwysings[wysig | wysig bron]
Suid-Afrika se huidige nasionale krieketspan |
---|
Faf du Plessis [kaptein]
- Hashim Amla
- Temba Bavuma
- Quinton de Kock
- Dean Elgar
- Beuran Hendricks
- Reeza Hendricks
- Janneman Malan
- David Miller |
Wysig hierdie sjabloon |
|
<urn:uuid:d3c0908e-1649-4dfd-9a1e-808f36b47552>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Jacques_Kallis
|
2019-07-22T18:30:54Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528208.76/warc/CC-MAIN-20190722180254-20190722202254-00021.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.985375
| false
|
Wessel Pretoruis
Inhoud
Lewe en werk[wysig | wysig bron]
Wessel Johannes Pretorius was op 17 April 1949 in Pretoria gebore, waar hy aan die Afrikaanse Hoër Seunskool matrikuleer. Hy studeer verder aan die Universiteit van Pretoria en bekwaam hom as ’n siviele ingenieur. Na afhandeling van sy studies sluit hy hom as siviele ingenieur by die Pretoriase Stadsraad en later die Johannesburgse Stadsraad aan. Hierna aanvaar hy ’n pos as assistent-stadsingenieur by die Stadsraad van Brakpan.
Op 23 November 1974 trou hy met die lugwaardin Christine Pretorius. Hierdie huwelik misluk en in Januarie 1977 doen hy aansoek om van haar te skei nadat sy hom in November 1976 verlaat het. In November 1977 is hy in die nuus wanneer hy saam met die kunstenaar Walter Battiss en die aktrise Paddy Norval beoordelaar is van die Mej. Kaal skoonheidskompetisie wat in Maseru in Lesotho aangebied is. Op 7 Desember 1977 trou hy na ’n blitsromanse van twaalf dae in die Johannesburgse landdroshof met Elize, ’n joernalis van Pretoria. Slegs twee maande na die huwelik is daar egter reeds probleme wanneer gedigte uit sy bundels wat hy aan sy vorige vrou Christine opgedra het, oor die radio voorgelees word. Op 6 September 1978 doen Elize aansoek om ’n egskeiding nadat hy haar op 22 Junie 1978 verlaat het en die egskeiding word voltrek in November 1978. Op dieselfde dag waarop hy geskei is, raak hy egter weer verloof, hierdie keer aan die negentienjarige dramastudent aan die Universiteit van Pretoria, Susanna Maria (Suzette) de Waal. Teen Suzette se ouers se wil woon hulle lank saam en trou dan in Augustus 1980 in die Johannesburgse landdroshof. Hy en sy vrou vestig hulle eers in ’n woonstel in Hillbrow, dan in ’n woonstel in Brixton en later in ’n huis in Mayfair in Johannesburg.
Na byna vyf jaar se getroude lewe is hy en Suzette in Maart 1985 geskei. Later trou hy met sy vierde vrou, Rachel, en vestig hom as siviele ingenieur op Eshowe, die hoofstad van Zoeloeland, waarna hy na Empangeni verhuis. Hy skei weer ongeveer ’n jaar voor sy dood. Op Maandag 12 Maart 2012 is hy in die Empangeni Gardens Hospitaal in KwaZulu-Natal oorlede, nadat hy weens diarree en ontwatering opgeneem is en ook ’n beroerte gehad het.
Skryfwerk[wysig | wysig bron]
Hy begin op skool reeds skryf en begin ernstig dig nadat hy D.P.M. Botes se bundel “Wat is ’n gewone man” gelees het, wat hom laat besef dat Afrikaans hom toelaat om homself uit te druk. Van 1966 af verskyn van sy gedigte in Wurm en daarna ook in tydskrifte soos Standpunte, Tydskrif vir Letterkunde, New Nation, Ensovoort, The bloody horse en ook Izwi, op wie se redaksie hy ’n tyd lank dien. Sy verse word gekenmerk deur sy gebruik van surrealistiese verbande en spronge en die uiterlike versorging is ongerehabiliteerde vrye vers. Daar word ook onnoukeurig en oënskynlik ongemotiveerd omgegaan met die tegniek van vermenging van hoof- en kleinletters, wat postmodernisties aandoen. Die gedigte bevat dikwels sterk metafore binne brokke fyn waarneming, maar gaan dikwels ook mank aan vergesogte beelde. Sy bundels word almal gekenmerk deur die insluiting van slegs ’n paar werklik goeie gedigte naas ’n groot aantal gedigte wat onaf is en slegs ten dele, indien enigsins, geslaagd is. ’n Geliefkoosde tema is die liefdesgedig.
Sy debuut is met “Maat van die onbekende”,[1] waarin hy verskeie temas aanraak, maar in sy geheel ’n weerkaatsing is van die kontemporêre wêreld. Dit is veral die natuurwetenskap wat as stimulus dien vir die gedigte. Die dood en die aanvaarding daarvan en van die lewe staan naas die liefde as sentrale temas. Met hierdie temas poog die spreker om, na aanleiding van die titel van die bundel, sy eie plek in die wêreld te bepaal en sodoende die maat van die onbekende aan te dui. Die gedigte maak gebruik van verskeie moderne tegnieke soos aanwending van die vrye vers, opeenstapeling van indrukke, staccato-agtige frases en dies meer, wat interessant aandoen maar in die geheel nog te onafgewerk is om as poësie te kan slaag.[2] “Woorde vir ’n windharp” is ’n vooruitgang [3]op die debuut in veral sy meer bekwame hantering van die vrye vers.[4]Die titel verwys na die klanke wat die windharp voortbring wanneer slegs die geringste wind daardeur trek. Die bundel is in drie afdelings verdeel, met “Die vuur in jou vesels” wat liefdesgedigte (en die titelgedig) bevat, asook ’n aantal erotiese gedigte. Die tweede afdeling is “My vesting kraak”, met gedigte oor die bedreigde, onvaste en tydelike aard van die menslike kondisie. Die gedigte in “Kettingsange” is meer sosiaal-polities betrokke en besin oor die digkuns. Hierdie bundel is een van die sterkste aanspraakmakers vir die toekenning van die destydse Perskorprys. ’n Siklus van verse in “Woorde vir ’n windharp”, naamlik “Jy het net die winter vermoed”, word deur Dirk Belzer getoonset.
“Nuwe wêreld”[5] volg kort op die hakke van sy vorige bundel, maar toon nie vooruitgang in sy tematiek, of verandering in tegniese vaardigheid of seggingskrag nie.[6] Die titel verwys na die tema van vasgevang wees tussen ’n ou wêreld[7] en ’n nuwe een, om te wag vir die nuwe wat dan eindelik ewe sleg en verskriklik is as die oue.[8] Die bundel[9] “Laatnagvrese en ander verse”[10] volg, met die verse in vyf afdelings verdeel.[11]“Laatnagvrese” is gedigte oor verhoudings en wisselwerking tussen mense;[12]“Verse vir ’n ghoeroe” is geleentheidsverse, onder andere gerig aan Johan van Wyk en Breyten; “Inman-suite” bevat die vrese-verse van die titel; “Digter as ingenieur op toer” is verse oor en vir homself en die landskap; en “Net vir Suzette, van nou af aan” is liefdesgedigte gerig aan sy derde vrou. Sommige kritici beskou die bundel as die heel eerste met pop-gedigte in Afrikaans, wat dit ’n belangrike gebeurtenis maak. Vir hierdie bundel werk hy saam met die kunstenaar Braam Kruger, wat 35 etse as illustrasies vir die gedigte maak, maar die illustrasies is nooit gepubliseer nie.[13] “Ruimte-ark-kolonie” se inslag is geestig[14] met ’n verfrissende gebruik van plat taal en spreektaal en hy sit ook die pop-poësie van die vorige bundel voort.[15] Die titel bevat die drie afdelings waarin die bundel verdeel is.[16] Weereens is die liefde en erotiek die deurlopende tema, sodat die tematiese spektrum bra yl aandoen. Met die publikasie van “Katarak” trek sy digkuns nie meer veel aandag nie en hierdie bundel bevestig hoogstens sy bekende temas en werkwyse.
Dit duur twaalf jaar voordat hy weer ’n digbundel publiseer en hy publiseer van nou af glad nie meer by hoofstroom uitgewers nie.[17] “Die seep kraak in die gastekamer” sluit aan by sy vorige werk in die gebruik van die vrye vers en die liefde en tegnologie en die feilbaarheid van beide as sentrale temas. Die sosiale kommentaar is egter skerper en sommige verse het nou ’n sterk gewaarwording van isolasie en verganklikheid. Die verse is ook meer beleë, rustiger en meer melancholies as voorheen. Temas wat deur die gedigte aangespreek word sluit in die ek-spreker se vrees vir die lewe en gevoel van isolasie, sy bemoeienis met die skryfdaad, en reis.[18] “Jy kan skoenlappers sien aankom” bevat ’n aantal skerp politieke verse,[19] asook ’n reeks verse oor die gestorwe vader. Die bundel word voorstelling van ervarings teen ’n konkrete Suid-Afrikaanse agtergrond. Die onderbewuste word egter ook verken, om te poog om abstrakte belewenisse onder die woord te bring deur middel van woorde, kleure en stiltes. As sodanig bevat dit elemente van vreemdheid, wat aansluit by sy vorige bundels en werkwyse. Die titel is ironies bedoel en die romantiese beeld daarvan word algaande ontluister. “En kyk na die omowit engele op die rolbalbaan”[20] lewer kommentaar op die invloed van die tegnologie en die materialistiese verbruikerskultuur, met ’n groter besef van verganklikheid en die dood. Sy laaste bundel is “My selfoon is in my hand”. Hierin word die nuwe kommunikasiestyle ontgin wat deur die selfoon in die hand gewerk word, soos die sms-agtige kodes, vermenging van Engels en Afrikaans en ignorering van lettergrepe. Die temas sluit egter by sy vorige werk aan en sluit in die kunste, liefde en verganklikheid. Dit is veral die persoonlike aard van die verkenning van die dood wat die bundel oorheers. Soos in al sy werk is die kwaliteit van die gedigte baie wisselvallig. In Junie 2004 wen hy ’n Hoog in die Takke-prys in die Mont du Toit Kelder Wyngedig-kompetisie vir sy gedig “Water en vuur”. Van sy verse is opgeneem in meer as twintig bloemlesings, waaronder “Groot verseboek”, “Die Afrikaanse poësie in ’n duisend en enkele gedigte”, “Poskaarte”, “Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte”, “Miskien sal ek die wingerd prys”, “Kraaines”, “Goudaar”, “Honderd jaar later” en “Nuwe verset”.
Sy roman[21] “Storm Sevenster” veroorsaak groot polemiek wanneer die uitgewer Perskor[22] dit oorweeg om in die tyd van streng sensuurwette die boek aan voorsensuur te onderwerp weens veral die eksplisiete seksbeskrywings daarin.[23] Die Afrikaanse Skrywersgilde maak kapsie, waarna ’n skikking tussen die partye bereik word dat die boek nie aan voorsensuur onderwerp sal word nie, maar dat die uitgewer geen kontraktuele verpligtinge het om die boek te bemark of te versprei nie. Die boek word dus gepubliseer, maar was nie in winkels te kry nie. Storm, die hoofkarakter, is ’n doodgewone seun wat alles kry wat sy hart begeer. Op vyftien ontdek hy die digkuns, avant garde literêre tydskrifte en ontmoet ook vir Gotlieb, sy homoseksuele mediese digtersvriend. Dit verander sy lewe. Hy begewe hom in opeenvolgende seksuele verhoudings en vergryp hom aan drank op soek na sin. Sy rebelse leefwyse en geesgenote (homoseksuele, seksueel versteurdes, sielsiekes, alkoholiste) maak van hom ’n randfiguur wat deur die samelewing uitgewerp en vernietig word. Die boek word aangebied as ontwikkelingsproses waar Storm hom as geestelike entiteit in sewe verskillende persoonlikhede manifesteer na aanleiding van die Boeddhistiese opvattings. Deur rupa (liggaam), prana-jiva (vitaliteit) en kama-rupa (dierlike siel) vorder hy na linga-sarka (astrale liggaam) en dan betree hy die hoogste stadia van manas (menslike siel), buddhi (geestelike siel) en atman (gees). Hierdie ontwikkelings word in sewe hoofstukke beskryf, wat weer ingedeel is in drie afdelings (“Sturm und Drang”, “Dagboek van ’n in-man” en “Déjà-vu”). In die Boeddhisties-Hindoeïstiese wêreld speel die seksuele ’n belangrike rol in geestelike prosesse, waarbinne hierdie spesifieke aksent ook verstaan behoort te word. Die roman staan in die gees van die punk ingesteldheid, wat ’n doelbewuste demonstrasie is van swak smaak. Dit sluit ook aan by die beat-tradisie en is in verskeie opsigte eksperimenteel, nie die minste nie in sy skielike afwykings en variasies. Die proses van sewe ontwikkelings verwys op ironiese wyse na sewe, die getal van volmaaktheid. In stede van volmaaktheid, verval Storm in ’n al groter wordende stryd met homself en sy eie identiteit. Ten spyte van sy manhaftigheid werk die voortdurende verwerping en gebrek aan stabiliteit afbrekend op hom in en bly hy voortdurend die buitestaander en uitgeworpene. Die toekoms scenario in die slothoofstuk impliseer dan ook dat Storm se sestienjarige seun, ook Storm, sy foute gaan herhaal. Hierdie boek is op die kortlys vir die Perskorprys van 1986. Die boek word in 2010 in ’n beperkte oplaag van 250 eksemplare heruitgegee.
Hy skryf ook dramas en “Toeskouers in ’n spel wat elders afspeel” word reeds in 1980 voltooi, maar hy slaag nie daarin om ’n uitgewer te kry of iemand wat belangstel om dit op te voer nie. Sy drama wat hy saam met Johan van Wyk skryf, “Oudisie om die einde van die aarde te verhoed”, word in Januarie 1982 in die Markteater in Johannesburg en in Julie 1983 in die Staatsteater in Pretoria opgevoer.
Publikasies[wysig | wysig bron]
Jaar | Publikasies |
---|---|
1970 | Maat van die onbekende |
1974 | Woorde vir ’n windharp |
Nuwe wêreld | |
1979 | Laatnagvrese en ander verse |
1980 | Ruimte-ark-kolonie |
1984 | Storm Sevenster |
1989 | Katarak |
1999 | Die seep kraak in die gastekamer |
2001 | Jy kan skoenlappers sien aankom |
2003 | en kyk na die omowit engele op die rolbalbaa |
2009 | My selfoon is in my hand |
Bronnelys[wysig | wysig bron]
Boeke[wysig | wysig bron]
- Cloete, T.T. (red.) “Die Afrikaanse literatuur sedert sestig” Nasou Beperk Eerste uitgawe 1980
- Kannemeyer, J.C. “Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 2” Academica, Pretoria, Kaapstad en Johannesburg Eerste uitgawe Eerste druk 1983
- Kannemeyer, J.C. (red.) “Kraaines” Human & Rousseau Kaapstad en Johannesburg Eerste uitgawe 1988
- Kannemeyer, J.C. “Die Afrikaanse literatuur 1652-2004” Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe 2005
- Van Coller, H.P. (red.) “Perspektief en Profiel Deel I” J.L. van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 1998
- Van Coller, H.P. (red.) “Perspektief en Profiel Deel 3” Van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 2006
Tydskrifte en koerante[wysig | wysig bron]
- Anoniem “Moderne poësie ’n moet vir skole” “Hoofstad” 19 Desember 1973
- Bellingan, Maretta “‘Stout’ digter gaan weg om te dink” “Die Transvaler” 19 Januarie 1982
- Bester, Koos “Wessel se wilde dae is nou verby” “Die Vaderland” 26 Mei 1983
- Botha, Johan “Pop-digter wéér sonder vrou” “Rapport” 17 Januarie 1982
- Goosen, Jeanne “Pretorius het ná nagmerrie begin dig” “Oggendblad” 12 Februarie 1974
- Pretoriase Redaksie “Wessel skryf ’n versie vir haar vinger” “Rapport” 12 November 1978
- Rademeyer, Alet “Skrywer en digter Wessel Pretorius sterf” “Die Burger” 14 Maart 2012
- Strydom, Johan “Sy kry al Wessel se skryfgeld” “Rapport” 27 Januarie 1980
- Van der Merwe, Koos “Huwelik op rotse toe in Hillies…” “Rapport” 17 Augustus 1980
- Van Rooyen, Tineke “Vier gedigte’” “Tydskrif vir Letterkunde” Jaargang 31, no. 2, Mei 1993
- Van Wyk, Pierre “Roman vergaan byna in storm oor sensuur” “Rapport” 6 November 1983
- Wybenga, Henk en Scheepers, André “Belydenis van ’n baardlose digter” “Die Transvaler” 31 Januarie 1981
Internet[wysig | wysig bron]
- Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Pretorius,_Wessel_(Johannes)
- LitNet ATKV-Skrywersalbum 23 Augustus 2012: www.litnet.co.za
- Rademeyer, Alet Die Burger: http://126.96.36.199/argief/berigte/dieburger/2012/03/14/SK/4/tardigterdood_1803.html
Resensies[wysig | wysig bron]
- Coetzee, A.J. “Standpunte” Nuwe reeks 100, April 1972
- Anoniem “Die Vaderland” 21 Junie 1974
- Brink, André P. “Rapport” 24 Maart 1974
- Van der Walt, P.D. “Die Transvaler” 27 Mei 1974
- Brink, André P. “Rapport” 23 Februarie 1975
- Cloete, T.T. “Tydskrif vir Geesteswetenskappe” Jaargang 15 no. 2, Junie 1975
- Spangenberg, D.F. “Tydskrif vir Letterkunde” Nuwe reeks 13 no. 4, November 1975
- Van Zyl, Wium “Beeld” 5 Mei 1975
- Cloete, T.T. “Tydskrif vir Geesteswetenskappe” Jaargang 20 no. 2, Junie 1980
- Coetzee, A.J. “Beeld” 28 Januarie 1980
- Coetzee, A.J. “Standpunte” Nuwe reeks 151, Februarie 1981
- Johl, Ronél “Die Transvaler” 12 Mei 1980
- Brink, André P. “Standpunte” Nuwe reeks 154, Augustus 1981
- Cloete, T.T. “Tydskrif vir Letterkunde” Nuwe reeks 19 no. 2, Mei 1981
- Cloete, T.T. “Tydskrif vir Geesteswetenskappe” Jaargang 21 no. 2, Junie 1981
- Spangenberg, D.F. “Die Transvaler” 20 April 1981
- Pieterse, H.J. “Beeld” 2 Augustus 1999
- Hambidge, Joan “Rapport” 14 Oktober 2001
- Pieterse, H.J. “Beeld” 24 September 2001
- John, Philip “Beeld” 16 Februarie 2004
- Anker, Johan “Tydskrif vir Letterkunde” Jaargang 48 no. 1, Herfs 2011
- De Bruin, Philip “Die Burger” 21 Junie 1984
- Olivier, Gerrit “Rapport” 22 Julie 1984
|
<urn:uuid:e9fabb41-9361-4ae7-9f40-6923fa8d1360>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Wessel_Pretoruis
|
2019-07-24T00:59:30Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530246.91/warc/CC-MAIN-20190723235815-20190724021815-00181.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 1.000001
| false
|
Zastron
Zastron | |
Die kerkgebou van die NG gemeente Zastron | |
Zastron se ligging in Vrystaat
Koördinate: Koördinate: | |
Land | Suid-Afrika |
---|---|
Provinsie | Vrystaat |
Distrik | Xhariep |
Munisipaliteit | Mohokare |
Stigting | 1875[1] |
Oppervlak[3] | |
- Dorp | 22,7 km² (8,8 vk m) |
Bevolking (2011)[3] | |
- Dorp | 15 607 |
- Digtheid | 688/km² (1 781,9/myl2) |
Rasverdeling (2011)[3] | |
• Blank | 4.1% |
• Indiër/Asiër | 0.4% |
• Kleurling | 0.6% |
• Swart | 94.8% |
• Ander | 0.1% |
Taal (2011)[3] | |
• Suid-Sotho | 69.2% |
• Xhosa | 22.4% |
• Afrikaans | 5.1% |
• Ander | 3.3% |
Poskode (strate) | 9950 |
Skakelkode(s) | 051 Plaaslyne: 05542 |
Geskiedenis[wysig | wysig bron]
Die gebied is oorspronklik bewoon deur nomadiese San en is later deur die Basoetostam en Voortrekkers verower. Oorspronklik was dit deel van Basoetoland, maar is omstreeks 1886 deur die Vrystaat verower.
Die dorp met sy pragtige natuurskoon is op 'n gedeelte van die plaas Verliesfontein, distrik Rouxville, in die verowerde grondgebied, uitgelê. In 1876 is die gedeelte waar die dorp nou staan, in erwe afgemeet. Die eggenote van president Brand, Johanna Sibella Brand (gebore Zastron), is genader met die versoek om haar toestemming dat die dorp haar nooiensvan Zastron as naam sal dra, waartoe sy ingewillig het. Op 2 Oktober 1890 is 'n kerk voltooi en die gemeente is eers uiteindelik op 29 November 1893 gestig. Die plaaslike Gereformeerde kerk het op 16 April 1916 aan die beurt gekom, maar moes in 2004 ontbind nadat die gemeente te klein geword het om selfstandig voort te bestaan.
Sien ook[wysig | wysig bron]
Bronne[wysig | wysig bron]
- Olivier, ds. P.L. (samesteller), Ons gemeentelike feesalbum. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers, 1952.
- Raper, P.E., Dictionary of South African Place Names, Lowry Publishers, Johannesburg, 1987.
Smithfield | Caledonrivier Van Stadensrus |
Mohaleshoek (Lesotho) | ||
Rouxville | Palmietfontein | |||
Zastron | ||||
Aliwal-Noord | Oranjerivier Herschel |
Sterkspruit |
|
<urn:uuid:cda89d98-7e1c-4898-8b13-85914b1a6fcf>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Zastron
|
2019-07-24T00:54:11Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530246.91/warc/CC-MAIN-20190723235815-20190724021815-00181.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999368
| false
|
22 November
Jump to navigation
Jump to search
<< | November 2018 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 | |
Al die dae |
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 498 – Pous Simmachus volg Pous Anastasius II.
- 498 – Teenpous Laurentius word verkies.
- 545 – Pous Vigilius vertrek na Konstantinopel.
- 1184 – Pous Lucius III stel die Cisterciënser monnike vry van belasting.
- 1220 – Pous Honorius III kroon Frederik II tot keiser van die Heilige Romeinse Ryk.
- 1307 – Pous Clemens V laat alle Tempeliers in Europa arresteer.
- 1718 – Die Engelse seerower Edward Teach (beter bekend as Blackbeard) sterf aan die kus van Noord-Carolina in 'n seeslag met die Britse skip HMS Pearl.
- 1720 – Lorenzo Corsini (later Pous Clemens XII) word prefek van die Tribunaal van die Apostoliese Signatura.
- 1899 – Anglo-Boereoorlog: die tweedaagse Slag van Willow Grange in Natal vind plaas.
- 1900 – Pres. Paul Kruger kom aan boord van die Gelderland in Marseille, Frankryk, aan.
- 1975 – Juan Carlos word koning van Spanje ná die afsterwe van Francisco Franco.
- 2001 – Die Afrikaanse Wikipedia word opgerig.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 1710 – Wilhelm Friedemann Bach, Duitse komponis († 1784).
- 1819 – George Eliot (pennaam van Mary Anne Evans), Engelse skrywer, joernalis en vertaler († 1880).
- 1890 – Charles de Gaulle, Franse militêre generaal en staatsman († 1970).
- 1901 – Joaquín Rodrigo, Spaanse komponis († 1999).
- 1930 – Owen K. Garriott, Amerikaanse ingenieur en ruimtevaarder († 2019).
- 1957 – Alan Stern, Amerikaanse planetêre wetenskaplike en deel van die New Horizons-projek.
- 1986 – Oscar Pistorius, Suid-Afrikaanse Paralimpiese atleet.
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 365 – Teenpous Felix II (* onbekend).
- 1963 – John F. Kennedy, 35ste President van die Verenigde State (* 1917).
- 1963 – C.S. Lewis, Britse skrywer (* 1898).
- 1988 – Raymond Dart, Australies-gebore Suid-Afrikaanse professor en een van die wêreld se voorste antropoloë (* 1893).
- 1989 – Lt Genl Johan Nieuwoudt, Geneesheer-Generaal en bevelvoerder van die Suid-Afrikaanse Geneeskundige Diens van 1977–1988 (* 1929).
- 2015 – Kim Young-sam, Suid-Koreaanse politikus en sewende president van dié land (* 1927).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband met 22 November. |
|
<urn:uuid:0c18eab6-4a55-4052-b21c-bc542abb4d66>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/22_November
|
2019-07-19T00:11:19Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525863.49/warc/CC-MAIN-20190718231656-20190719013656-00125.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.989258
| false
|
Abstract
In the book of the prophet Ezekiel, indications are found of the interaction between the prophet and his audience. Prophecy always had the aim to convince its audience of something and are therefore always of a rhetorical nature. It happens frequently that the rhetorical aim and situation of a prophetic book receives attention. This article attempts to reconstruct the possible original rhetorical situation of those instances where the prophet uses quotations and react on them. Before discussing the different cases, three theoretical issues receive attention, namely the rhetorical approach used in this article, the use of quotations in the Bible and so-called disputations. In the book, quotations occur in two contexts, namely before and after the fall of Jerusalem. The refutation of the quotations aims to address the despondency of the exiles and exhorting them with the message that God will bring deliverance in the future.
Inleiding
Die artikel probeer om iets van die moontlike oorspronklike retoriese situasie te rekonstrueer in die gevalle waar die profeet woorde van sy gehoor aanhaal en daarop reageer. Voordat die spesifieke gevalle bespreek word, word daar eers aan drie teoretiese sake aandag gegee, naamlik die retoriese benadering wat gevolg gaan word, die gebruik van aanhalings in die Bybel in besonder en die sogenaamde twisgesprek. In die boek kom die aanhalings in twee kontekste voor, naamlik vóór en ná die val van Jerusalem. Die weerlegging van die aanhalings het soms die doel gehad om die ballinge oor hulle moedeloosheid aan te spreek en soms om hulle aan te moedig met die boodskap dat God tog in die toekoms vir hulle uitkoms sal gee.
In die boek van die profeet Esegiël is daar meermale aanduidings van ’n wisselwerking tussen die profeet en sy gehoor. Dit kom veral na vore wanneer die profeet woorde van sy gehoor aanhaal of woorde van ander mense vir sy gehoor aanhaal en dan daarop reageer. Profesie het altyd die doel om die gehoor van een of ander saak te oortuig en is dus altyd retories van aard. Daar kan wel gevra word in hoe ’n mate die oorspronklike retoriese situasie van ’n spesifieke profetiese woord bepaal kan word. In die navorsing gebeur dit dus eerder dat die retoriese situasie en doel van ’n profetiese boek aandag kry – natuurlik in samehang met die vraag aan wie die boek gerig was en uit watter tydperk dit moontlik dateer. In die geval van Esegiël het die retoriek van die boek reeds meermale aandag gekry soos in die ondersoek van Renz (1999). In hierdie artikel word gepoog om iets van die moontlike oorspronklike retoriese situasie te rekonstrueer in die gevalle waar die profeet woorde aanhaal en daarop reageer. Voordat die spesifieke gevalle bespreek word, word daar eers aan drie teoretiese sake aandag gegee, naamlik die retoriese benadering wat gevolg gaan word, die gebruik van aanhalings in die Bybel in besonder en die sogenaamde twisgesprek.1 Laasgenoemde is veral van belang omdat die meeste van die aanhalings in Esegiël in twisgesprekke voorkom.
Retoriek en die bestudering van die Ou-Testamentiese profete
Fox (1980b:4) sê dat enige profesie per definisie retories van aard is. Die bestudering van profetiese uitsprake en boeke se retoriek is dus eintlik vanselfsprekend. Tradisioneel kan ’n mens sê dat retoriek as oorreding deur middel van mondelinge argumentasie beskryf kan word (Eidevall 2012:67). In hierdie verband word dikwels na Burke (1950:41) se definisie van retoriek verwys: ‘The use of words by human agents to form attitudes or induce actions in other human agents.’ Ook White (1992) wys in sy definisie daarop dat simbole in retoriek gebruik word om verandering by die hoorders teweeg te bring:
The purposive use of symbols in an attempt to induce change in some receiver(s), thereby derivatively modifying the circumstances that provoked, or made possible, the symbolic interaction between persuader(s) and receiver(s). (p. 11)
In die bestudering van die Bybel word ook nie altyd dieselfde onder retoriek verstaan nie. Soms verbind geleerdes retoriek aan stilistiek soos wat Muilenburg gedoen het (vgl. Eidevall 2012:67). Goering (2012:486) noem spesifiek dat sekere formele sake soos ’n refrein of vaste formules vir die beoordeling van ’n skrywer se retoriek wel van belang is.
Eidevall (2012:68) wil egter soos baie ander geleerdes retoriek primêr aan die kuns van oorreding koppel. Retoriek word ook dikwels met spraak geassosieer, maar in die geval van die Ou Testament gaan dit natuurlik oor die gebruik van retoriek in geskrewe dokumente, veral in die geskrifte van die profete (Eidevall 2012:69). Die klem val hier op die tegnieke en strategieë van skrywers om hulle lesers van ’n spesifieke standpunt te oortuig.
Stanley (2004:16) sê dat ’n retoriese handeling begin waar ’n skrywer of spreker die persepsie het dat dinge nie is soos dit behoort te wees nie en dat taal dan gebruik word om die gehoor daarvan te oortuig dat daar ’n verandering in die situasie of in gedrag moet kom. Die effektiwiteit van ’n retoriese handeling hang in ’n groot mate van die gehoor af. Is hulle bereid om beïnvloed te word (Stanley 2004:18)? Eidevall (2012:73) oordeel dat daar in die beoordeling van ’n skrywer of spreker se retoriek veral twee vrae gevra moet word, naamlik watter argument in die teks aangebied word en hoe die argument ondersteun word.
Wat Esegiël betref, het Renz (1999) ’n indringende studie gedoen van die boek se retoriek in sy geheel. Hy wou ondersoek instel na die retoriese funksie van die boek as deel van die kommunikatiewe situasie waarin dit ontstaan het. Sy doel was om aan te toon hoe die boek sy huidige vorm gekry het om op ’n spesifieke manier met die tweede geslag ballinge te kommunikeer (Renz 1999:1). Hy kyk dus na die boek in sy geheel, na die verhouding tussen die skrywer of teks en die leser, en hy lees die boek asof dit op die laat-ballingskapse gemeenskap gerig is (Renz 1999:9). Dit is ’n baie belangrike bydrae. Hy wil egter nie na die moontlike oorspronklike konteks van die profeet en sy gehoor kyk nie, maar na die konteks van die boek in sy huidige vorm. Hiervoor moet hy dus die boek, of minstens ’n groot deel daarvan, dateer en dit dan lees asof dit op ’n spesifieke gehoor gerig is. Hierdie identifisering van ’n gehoor bly egter hipoteties. In hierdie artikel gaan daar eerder gelet word op wat Renz (1999:19) die ‘retoriek van die situasies in die narratief’ noem. Dit sluit aan by ’n opmerking van Boadt (1997:1) dat die oorredende retoriek van die profete nie net vir die oorspronklike hoorders belangrik was nie, maar ook vir latere lesers en verklaarders.
In Renz se benadering (1999:13–14) onderskei hy vyf stappe, wat ook vir hierdie artikel ter sake is:
- Bepaal die retoriese eenheid.
- Ondersoek die retoriese situasie.
- Bepaal waaroor die teks handel.
- Ondersoek die retoriese tegnieke.
- Beoordeel die retoriese effektiwiteit.
Ook Möller (2003:37–42) wil vyf stappe volg in die bestudering van ’n profetiese boek se retoriek:
- Identifiseer die retoriese eenheid.
- Identifiseer die retoriese situasie en die retoriese probleem.
- Bepaal die retoriese genre (beoordelend oor die verlede, beredenerend oor die toekoms of epideïkties om waardes en oortuigings te versterk).
- Ondersoek die retoriese strategie.
- Beoordeel die retoriese effektiwiteit.
Hy het die boek Amos bestudeer. Hiervoor moes hy ook die boek en sy lesers dateer. Hy (Möller 2003:294) meen die boek is op die Judeërs voor die ballingskap gerig as waarskuwing dat hulle nie die foute van die Noordelike Ryk moes herhaal nie.
Alhoewel hierdie artikel op kleiner eenhede gaan konsentreer en sal probeer om die oorspronklike retoriese situasie te rekonstrueer, kan die metodologiese stappe wat hierbo aangedui is van groot waarde wees. Fox (1980b:5) oordeel dat retoriek geskep word as ’n respons op ’n retoriese situasie. Vir Fox is daar twee teenstellende faktore in die situasie, naamlik dat die volk in ballingskap was, maar dat die situasie nie so sleg vir die individuele balling was as wat ’n mens sou verwag nie.
Aanhalings in profetiese boeke
Graffy (1984:1) oordeel dat dit ’n besondere kenmerk van Esegiël se toesprake is dat hy aanhaal wat die mense sê en dan hulle woorde weerlê. Op hierdie wyse beantwoord hy die uitsprake van diegene wat in Jerusalem agtergebly het, maar ook die moedelose uitsprake van die ballinge. Hy meen ook dat sulke aanhalings van wat die mense sê nie net in twisgesprekke voorkom nie, maar ook in ander kontekste. So verwys Newsom (1984:151) na Esegiël 20:492 waar die profeet die woorde van die volk aanhaal, maar hom tot God rig. In hierdie geval dui die aanhaling op die volk se reaksie op Esegiël se verkondiging.
In die verband is Fox (1980a) se definisie van ’n aanhaling handig:
Quotations are words that either (1) are taken from another source but used as the speaker’s word or (2) are meant to be understood as belonging to a person other than the primary speaker, regardless of their actual source, and only repeated by him. (p. 417)
In die eerste geval stem die spreker of skrywer saam met die aanhaling. Die tweede soort aanhaling is van besondere belang vir die verstaan van ’n teksgedeelte, veral as die skrywer of spreker nie die betrokke aanhaling ondersteun nie. Die aanhalings van Esegiël behoort hoofsaaklik tot die tweede groep. Hierin kommunikeer die skrywer sy boodskap deur ’n stelling aan te haal wat hy oordeel verkeerd is en hy reageer dan deur die korrekte gesigspunt te gee (Willis 1985:63–64). Willis (1985:75) oordeel dat ’n profeet met die aanhaling van die volk se woorde nie doelbewus sou probeer om ’n wanvoorstelling van sy gehoor se gevoel te maak nie.
Die manier waarop Esegiël woorde aanhaal, moet onderskei word van die aanhaling van byvoorbeeld die Ou Testament in die Nuwe Testament. In daardie geval word die aanhalings uit die Ou Testament dikwels gebruik om gesag aan ’n uitspraak te verleen of om ’n debat af te sluit (vgl. Stanley 2004:13). Wat wel ooreenkom, is dat die aanhaling van die Skrif as gesagvolle bron sowel as die aanhaling van ’n gehoor se woorde retoriese handelinge is om die argument van die skrywer of spreker te versterk (vgl. Stanley 2004:3). Dit word ook gebruik om die gevoel van gemeenskaplikheid tussen die spreker en sy gehoor te versterk (Stanley 2004:13). In hierdie verband is dit ook belangrik om twee kontekste te verreken, naamlik die konteks waarin die woorde gebruik is en wat iemand later aanhaal, en die konteks waarin die woorde aangehaal word (vgl. Stanley 2004:29). Deur die aanhaling van die woorde of sentimente van die ballinge gee Esegiël ’n stem aan sy gehoor (Renz 1999:139).
In die bespreking van die gebruik van aanhalings in die boek Esegiël moet die konteks waarin die aangehaalde woorde gebruik is in ag geneem word asook die konteks waarin die woorde aangehaal word. Dit is nie maar net die geval dat Esegiël die woorde van sy gehoor vir sy gehoor aanhaal nie. Soms haal hy die woorde van die mense in Jerusalem aan vir sy gehoor in ballingskap. Soms kom aanhalings ook voor in die kommunikasie tussen God en die profeet. Daar moet dus in elke geval gevra word na die verskeie kontekste, maar ook na die retoriese gebruik van die aanhalings sodat die profeet sy doel kan bereik.
Twisgesprekke en die aanhalings in Esegiël
Dit gebeur dikwels dat die profeet in twisgesprekke op uitsprake van die mense antwoord. Dit kan beskou word as een van die opvallendste kenmerke van die boek (vgl. Zimmerli 1979:25, 36). Zimmerli (1979:36, voetnoot 188) wys daarop dat hierdie aanhalings baie kan help om die situasie waarin die profeet hom bevind het te rekonstrueer. Vir Zimmerli (1979:36) het die twisgesprek basies uit twee elemente bestaan, naamlik ’n kort aanhaling van die volk se woorde en die profeet se polemiese boodskap. Zimmerli (1979:25) wys ook daarop dat die woorde van die volk wat deur Esegiël aangehaal word in elk geval deur die Here aan Esegiël gegee is, en nie deur die profeet self aangehaal is nie.
Die presiese vorm van so ’n twisgesprek het baie debat ontlok. ’n Oorsig oor die geskiedenis van die bestudering van die vorm word deur Naidoff (1981, veral 62–66), Graffy (1984, veral 2–23) en Murray (1987) gegee. Die debat het veral daaroor gehandel of ’n twisgesprek uit twee of drie elemente bestaan. Naidoff (1981:64–65) oordeel dat daar drie elemente is, naamlik die basis, die stelling van die saak in geding en die konklusie. Die stelling van die saak is dikwels óf ’n vraag óf die aanhaling van die ander party se woorde. Retoriese vrae wat in die basis voorkom, verwys na ’n gemeenskaplike stel vooronderstellings, terwyl argumentatiewe vrae op die punt van verskil wys.
Graffy (1984:2) wys daarop dat Gunkel die eerste was om die tegniek van aanhaling en weerlegging te bespreek. Graffy (1984:23) definieer ’n twisgesprek as ’n teks waarin die opinie van die sprekers eksplisiet deur die profeet aangehaal en dan weerlê word. Die sintaktiese vorm van ’n twisgesprek is ’n inleiding met die werkwoord ‘om te sê’ wat die aanhaling voorafgaan, en die weerlegging wat daarna volg (Graffy 1984:105). Die weerlegging bestaan nie net uit ’n ontkenning nie, maar gee ook die redes waarom ’n aanhaling verwerp word en dikwels is daar ’n heenwysing na toekomstige optrede van die Here (Graffy 1984:111). Die historiese plasing van twisgesprekke is net voor, tydens en na die Babiloniese ballingskap in ’n tyd toe die profete se gehoor skepties en krities was. Die twisgesprek was dus ’n geskikte vorm om verkeerde idees te konfronteer en die mense te oortuig van die profeet se boodskap (Graffy 1984:119). Die aanhalings spreek óf van hoogmoed óf van wanhoop (Graffy 1984:120–122). In die meeste gevalle was die twisgesprek gerig tot diegene wie se woorde aangehaal word. Uitsonderings kom voor wanneer Esegiël reageer op die woorde van die mense in Jerusalem (Graffy 1984:123).
Murray (1987:96–97) meen dat Graffy se definisie van ’n twisgesprek te eng is en dat dit verskillende vorme kan aanneem. Die tese en kontratese is nie altyd verpligtend nie. Hy (Murray 1987:98) meen dat ’n persoon in ’n twisgesprek probeer om besware teen sy standpunt te weerlê sonder om werklik in debat te tree met sy opponente. Volgens Murray (1987:99) is daar drie elemente in ’n twisgesprek, naamlik die tese, kontratese en dispuut. Hierdie elemente hoef nie noodwendig op die oppervlak sigbaar te wees nie, maar kan in die dieptestruktuur lê.
Matties (1990:46–56) gee ook ’n breedvoerige oorsig van die twisgesprek met besondere aandag aan Graffy en Murray. Hy (Matties 1990:54) stem saam met Murray se idee van ’n derde soort twisgesprek waarin die spreker argumente waarmee hy nie saamstem nie weerlê en min geleentheid aan sy opponente vir teenstand bied. Hy oordeel dat Esegiël 18 ’n voorbeeld hiervan is. Matties (1990:55) stem ook saam met Murray se drie elemente van ’n twisgesprek, naamlik die tese, kontratese en dispuut.
In die bespreking van die voorbeelde in Esegiël sal deeglik op die verskillende elemente van ’n twisgesprek gelet word.
Die wisselwerking tussen Esegiël en sy gehoor
In die bespreking van voorbeelde uit die boek Esegiël moet ’n opmerking van Hayes (1968:81) oor die profesieë teen die nasies in gedagte gehou word. Hayes het gesê dat daardie profesieë nie vir die nasies bedoel was nie, maar dat dit binne die Israelitiese gemeenskap gefunksioneer het. Selfs wanneer daar in die boek Esegiël verwys word na opmerkings van die mense in Jerusalem, moet in gedagte gehou word dat die aanhalings vir die mense in ballingskap bedoel was (vgl. ook Renz 1999:143–144). Wat die konteks van die uitsprake betref, wys die boek self op twee belangrike kontekste, naamlik die tyd vóór die ballingskap en die tyd ná die val van Jerusalem soos in Esegiël 33 aangekondig word. In die bespreking van die voorbeelde sal die twee kontekste as vertrekpunte gebruik word. Verder sal daar gelet word op wie se woorde aangehaal word, byvoorbeeld die mense in Jerusalem of die ballinge in Babel. Sommige van die aanhalings kom voor in twisgesprekke en ander nie, sodat hierdie onderskeid ook vir die bespreking belangrik is.
Benewens die aanhaling van mense se woorde is daar wel enkele ander aanduidings van die wisselwerking tussen die profeet en sy gehoor. Dit gebeur byvoorbeeld dat die volk ná een van die simboliese handelinge vir Esegiël vra wat hy doen. Dit word in 12:9 beskryf: ‘Mens, die weerbarstige volk Israel het vir jou gevra wat maak jy’ (Nuwe Afrikaanse Vertaling – NAV). In 24:19 het die volk ’n vraag aan Esegiël gestel oor die dood van sy vrou: ‘Die mense het vir my gevra: “Wil jy nie vir ons sê wat dit vir ons beteken dat jy so maak nie?”’ (NAV). In hierdie gevalle het die vraag aan die profeet hom die geleentheid gegee om sy boodskap aan die volk oor te dra. In 17:12 kry die profeet die opdrag om ’n vraag aan die volk te vra: ‘Jy moet vir hierdie weerbarstige volk vra: Weet julle nie wat dit beteken nie?’ (NAV). In 37:18 word die moontlikheid genoem dat die volk na die betekenis van iets sou kon vra. Tog bly aanhalings die mees algemene manier waarop die profeet met sy gehoor in gesprek tree.
Aanhalings voor die val van Jerusalem
Twee twisgesprekke met woorde van mense in Jerusalem
Esegiël 11:2–12 is ’n goeie voorbeeld van ’n twisgesprek waarin woorde wat aangehaal word, weerlê word. Hierdie twisgesprek is deel van die tempelvisioen van Esegiël 8–11. Alhoewel die gedeelte in sy geheel handel oor gebeure wat Esegiël in ’n visioen in Jerusalem gesien het, was die boodskap daarvan vir die ballinge bedoel soos blyk uit 11:25 waar die profeet die hele visioen aan die ballinge meegedeel het. Block (1997:330) beskou die gedeelte as ’n tipiese voorbeeld van ’n twisgesprek, met ’n inleiding (11:1), die tese (v. 2–3), die weerlegging (v. 4–6), die kontratese (v. 7–11) en ’n afsluiting (v. 13). In die gedeelte word die gevoel van die mense in Jerusalem uitgedruk deur die aanhaling in 11:3: ‘Dit is nie nou tyd om huise te bou nie. Die stad is die pot en ons is die vleis’ (NAV). Alhoewel die presiese interpretasie van die aanhaling problematies is (vgl. Zimmerli 1979:257–258; Block 1997:330–332, 334; Allen 1994:190), is dit duidelik dat die inwoners van Jerusalem hulleself as bevoorreg beskou het, as die vleis wat behoue gebly het, terwyl hulle op die ballinge neergesien het. Die pot (die stad) het diegene wat agtergebly het, beskerm in die tyd toe Sedekia regeer het. Die gesig word gedateer as die sesde jaar van die ballingskap – dus ongeveer vyf jaar voor die verwoesting van Jerusalem.
Die aanhaling van 11:3 kan verbind word aan twee vorige aanhalings van die mense in Jerusalem se woorde in hierdie visioen, naamlik in 8:12 en 9:9. Daardie twee aanhalings is nie deel van ’n twisgesprek nie, maar word ook gebruik om die gesindheid van die mense wat in Jerusalem agtergebly het te beskryf. Esegiël 8:12 is deel van ’n gedeelte waarin die afgodsdiens van die leiers in Jerusalem beskryf word. Hulle gesindheid is dat die Here hulle nie sien nie en dat Hy die land in die steek gelaat het: ‘The LORD does not see us; the LORD has forsaken the land’ (New International Version – NIV). In 9:9 word presies dieselfde gesê, maar in omgekeerde volgorde. Die gesindheid van die leiers is gekenmerk daardeur dat hulle hul op afgode beroep het, maar tog het hulle gedink dat hulle beter as die ballinge is. In die res van die twisgesprek maak die Here dit duidelik dat die mense in Jerusalem nie die saak reg sien nie. Die stad gaan hulle nie beskerm nie, maar hulle sal geweldige ellende in die stad beleef tydens die oordeel wat aan die kom is.
Die eerste twisgesprek in die visioen van Esegiël 8–11 word opgevolg deur ’n tweede een in 11:14–21. Graffy (1984:112) beskou die gedeelte as ’n tweede weerlegging, maar die tweede aanhaling versterk die gedagte van ’n tweede twisgesprek. Die struktuur van die tweede twisgesprek is baie dieselfde as die eerste een, met ’n inleiding (11:14), die tese (v. 15) die weerlegging (v. 16), die kontratese (v. 17–20) en ’n afsluiting (v. 21; Block 1997:346). Die tese sluit ’n aanhaling in van wat die mense in Jerusalem oor die ballinge sê: ‘Hulle is ver van die Here af, en hierdie land is vir ons as besitting gegee’ (NAV). Met hierdie uitspraak wou hulle die Here se teenwoordigheid tot Jerusalem en Juda beperk. Omdat die ballinge ver van die land is, moet hulle dus ook ver van die Here wees. Die ballinge het dus ook hulle aanspraak op die land verloor. Die land het nou die besitting geword van diegene wat in die land agtergebly het. In die reaksie hierop word eers ’n oordeel oor die mense in Jerusalem uitgespreek, naamlik dat hulle ook in ballingskap weggevoer sal word. Daarna word ’n belofte van herstel en terugkeer gegee slegs aan diegene wat aan God gehoorsaam bly. Die gedagte dat God tot een plek beperk kan word, word ook weerlê as die Here sê dat Hy ’n heiligdom vir die mense in ballingskap sal wees. Die heiligdom in Jerusalem sal verwoes word, maar God bly by sy volk in Jerusalem en in die ballingskap. Hierdie tweede twisgesprek maak dit duidelik dat die mense in Jerusalem nie die ware volk van die Here is nie (Renz 1999:165). Die ballinge is wel ver van die land, maar nie ver van die Here nie (Graffy 1984:51).
Hierdie eerste twee twisgesprekke in die boek en die twee verdere aanhalings van mense se woorde in Jerusalem moes dien om die ballinge ontvanklik vir die boodskap te maak, om hulle te oortuig om die profeet se boodskap te aanvaar. Hulle het waarskynlik gedink dat die mense in Jerusalem negatief teenoor die mense in ballingskap sou wees. Hulle kon selfs ook gedink het dat ver van hulle land ook ver van God sou beteken. Die negatiewe sentimente van die mense in Jerusalem word weerlê en die ballinge kry ’n positiewe boodskap wat hulleself betref.
Twee twisgesprekke met woorde van die ballinge
In Esegiël 12 word twee kort twisgesprekke aangetref waarin die woorde van die ballinge aangehaal word. In die twee twisgesprekke (12:21–25 en 26–28) word twee verkeerde reaksies op die profetiese verkondiging verwoord. Die woorde wat aangehaal word, vat die twee reaksies kortliks saam. In 12:22 word ’n spreekwoord onder die volk aangehaal: ‘Die tyd gaan verby en daar kom niks van al die gesigte nie’ (NAV). Dit kom daarop neer dat die ballinge die verkondiging van Esegiël verwerp het. Die toets van ’n profetiese verkondiging was vir hulle in die spoedige vervulling daarvan geleë. Hierdie uitspraak kan dus verbind word aan Deuteronomium 18:21–22 waarin valse profete veroordeel word (Graffy 1984:54). Omdat daar al ’n geruime tyd verloop het sedert Esegiël met sy boodskap van oordeel begin het, het hulle aanvaar dat hy nie ’n ware boodskap bring nie. Die antwoord hierop is dat die vervulling spoedig sal kom.
In 12:27 volg ’n tweede aanhaling: ‘Dié gesig wat hy sien, gaan oor lang tye, hy kondig dinge aan vir die verre toekoms.’ In hierdie geval word wel aanvaar dat die boodskap reg kan wees, maar dit raak nie die ballinge op daardie stadium nie, want die vervulling lê ver in die toekoms. God se antwoord is egter dat die oordeel nie uitgestel sal word nie, maar spoedig vervul sal word.
Hierdie twee kort twisgesprekke volg direk na die oordeelsaankondiging oor Jerusalem en Sedekia in die eerste gedeelte van die boek. Die valse profete wat in Esegiël 13 aan die orde kom, het verkondig dat daar vrede sou wees. Die ballinge het gehoop op ’n spoedige terugkeer na hulle eie land en Esegiël se verkondiging het daardie hoop as vals bestempel. Die mense se reaksie was dus verstaanbaar, veral toe Jerusalem nie dadelik geval het nie. Die twee twisgesprekke bevestig dat Esegiël met sy verkondiging inderdaad as boodskapper van God opgetree het.
In Esegiël 13 word drie baie kort aanhalings aangetref van wat die vals profete gesê het. Wat hulle verkondig het, word afgewys. In 13:6 en 7 word die feit openbaar dat hulle daarop aanspraak gemaak het dat hulle ’n boodskap van die Here ontvang het deur die gebruik van die vaste uitdrukking: ‘Die Here sê’ (הָ֔והְי־םֻאְנ). In 13:10 word hulle boodskap saamgevat in een woord: ‘vrede’ (םו֖לָֹשׁ). Die verwerping van die vals profete se optrede bevestig dat Esegiël die profeet is wat deur die Here na die ballinge gestuur is. Hulle verkondiging is onwaar, maar syne nie (Graffy 1984:55).
’n Soortgelyke uitspraak teen die vals profete kom in 22:28 voor. Dit is deel van die uitspraak in 22:23–31 waar die leiers van die volk, die priesters, die profete sowel as die gewone mense onder die oordeel kom. Van die profete word ook gesê dat hulle aanspraak maak daarop dat hulle die Here se woord verkondig: ‘Die profete in die land pleister alles toe: hulle sien gesigte wat nie daar is nie, verkondig leuens as waarsêery en sê: “So sê die Here my God,” terwyl Ek niks gesê het nie’ (NAV). Hierdie vers is ’n samevatting van die uitsprake teen die vals profete in Esegiël 13.
’n Komplekse twisgesprek in Esegiël 18
Esegiël 18 is een van die kernhoofstukke in die boek en daar is al baie daaroor geskryf. Twee werke wat in die besonder aandag gegee het aan die problematiek van persoonlike verantwoordelikheid, is dié van Joyce (1989) en Matties (1990). Dit is onmoontlik om aan die hele hoofstuk aandag te gee (vgl. Van Rooy 2012:142–144 vir ’n vollediger bespreking). Hier word dus net op die aanhalings gefokus. Block (1997:555) gee ’n goeie uiteensetting van die struktuur van hierdie twisgesprek. Hy begin met die aanhaling van ’n bekende spreuk (18:2), ’n kontratese (v. 3–4) en ’n weerlegging (v. 5–18). Hierop volg twee aanhalings van die volk se reaksie op die profeet se verkondiging (18:19 en 25). In die eerste gedeelte van die hoofstuk reageer Esegiël op die volk se moedeloosheid (18:1–18) en in die tweede gedeelte op die aanklag dat God onregverdig optree (v. 19–25; Block 1997:557). Dit is duidelik dat die hoofstuk tot die ballinge gerig is (Matties 1990:56–57).
Die eerste aanhaling is ’n bekende spreekwoord: ‘Die vaders eet groen druiwe, en dan word die kinders se tande stomp’ (18:2 – NAV), wat ook in Jeremia 31:29 aangetref word. In hierdie spreekwoord druk die ballinge die gevoel uit dat hulle onregverdig gestraf word vir die sondes van hulle voorvaders. Hulle is dus nie self verantwoordelik vir die ellende van die ballingskap nie. Alhoewel die uitspraak ortodoks klink (Allen 1994:271), is dit ’n ontkenning van hulle verantwoordelikheid vir hulle eie verkeerde optrede. In reaksie hierop word daar deur drie gevallestudies beklemtoon dat elkeen vir sy eie optrede verantwoordelik is en self die gevolge daarvan moet dra. Deur hierdie aanhaling en die profeet se reaksie daarop word die ballinge vermaan om hulle eie skuld te erken en tot bekering te kom. In 18:19 word verwys na die vraag van die volk, naamlik waarom die een geslag nie die vorige geslag se skuld kan dra nie. Die vraag word dan gebruik om die regte perspektief kortliks in 18:20 te stel: die een wat sonde doen, sal self daarvoor boet.
Die volk se reaksie hierop is egter nie bekering nie, maar ’n aanklag teen die Here dat Hy nie reg optree nie: ‘Julle sê: “Die Here tree nie reg op nie.”’ (18:25 – NAV; kyk ook v. 29). Die profeet se reaksie is om die beskuldiging om te keer. Dit is nie die Here wat nie reg optree nie, maar die volk. Die Here oordeel hulle volgens wat hulle verdien. Die doel van die aanhalings en die profeet se reaksie daarop is om die ballinge tot selfondersoek te dwing. Hulle woorde word aangehaal en daar word bewys dat dit vals is, nie net om so hulle gesindheid te verander nie, maar ook om hulle tot die regte optrede aan te spoor. So is Esegiël 18 ’n poging om ’n morele gemeenskap te vorm (Matties 1990:219).
’n Twisgesprek (?) verbind aan Israel se geskiedenis
Esegiël 20:32–44 word deur sommige geleerdes as ’n twisgesprek beskou (Zimmerli 1979:414; Allen 1990:13; Joyce 2009:152; Graffy 1984:65) en deur ander nie (Block 1997:648). In elk geval word daar eers verwys na wat die mense gesê het en dan word dit beantwoord. Die eerste gedeelte van Esegiël 20 (v. 1–29) gee ’n oorsig oor die volk se geskiedenis, terwyl die profeet van vers 30 af die ballinge aanspreek. Hulle word eers vermaan om nie die optrede van hulle voorvaders te volg nie. In 20:32 word hulle gedagtes dan onder woorde gebring: ‘You say, “We want to be like the nations, like the peoples of the world, who serve wood and stone.” But what you have in mind will never happen’ (NIV).
Die presiese betekenis van hierdie aanhaling is nie volkome duidelik nie. Zimmerli (1979:434) en Graffy (1984:66) sien dit as ’n uitdrukking van wanhoop, terwyl Block (1997:649) daarin ’n voorneme van die volk sien om by hulle omstandighede aan te pas en ook afgode te dien. Esegiël 20:39 dui waarskynlik aan dat minstens sommige van die ballinge die afgode wou begin dien. Die Here se verdere woorde is egter positief. Die gelowiges sal na hulle land terugkeer en die Here weer op die regte manier dien (20:40–44). Waarskynlik is die dubbelsinnigheid van die aanhaling doelbewus. Sommige van die ballinge wou dalk assimileer, terwyl ander aan God se beloftes wou vashou. Nóg die volk se moedeloosheid, nóg hulle opstandigheid sou die deurslag gee. Die Here is in beheer van die geskiedenis wat oordeel sowel as verlossing betref.
’n Reaksie op Esegiël se verkondiging
In 20:45–21:7 (Masoretiese Teks [MT] 21:1–12) kom ’n uitspraak voor waarin Esegiël teenoor die Here woorde van die volk aanhaal. Die eerste gedeelte van wat Esegiël vir die ballinge moes sê, is in beeldryke taal waarvan die betekenis nie direk duidelik is nie. Hierop reageer Esegiël in 20:49 met ’n verwysing na wat die mense van hom sê: ‘Ag, Here my God, hulle sê ek praat net altyd in raaisels’ (NAV). Die Hebreeus het םיִ֖לָשְׁמ לֵ֥שַּׁמְמ. Die naamwoord is byvoorbeeld in 18:2 gebruik vir die spreekwoord wat die volk uitgespreek het. Die Piël van die werkwoord word net hier gebruik, terwyl die deelwoord aandui dat dit is hoe die volk gewoonlik Esegiël se boodskap beoordeel het. Hy praat in raaisels, sodat die betekenis nie altyd duidelik is nie. Die Here se reaksie hierop is om in die gedeelte wat hierop volg die boodskap van oordeel in duidelike taal uit te spel.
Aanhalings ná die val van Jerusalem
’n Twisgesprek met woorde van mense in Jerusalem
In die laaste gedeelte van die boek, vanaf Esegiël 33, word profesieë aangetref wat ná die val van Jerusalem uitgespreek is. Hierin kom minder aanhalings van die mense se woorde voor, en ook net in Esegiël 33–37. Net een van die gevalle handel oor die woorde van die mense in Jerusalem ná die val van die stad. In 33:21–22 word genoem dat iemand uit Jerusalem aangekom het met die berig dat die stad geval het. Die berig word met net twee woorde in die Hebreeus aangedui: ‘Die stad is ingeneem!’ (NAV). Direk daarna volg ’n twisgesprek waarin die woorde van die mense in Jerusalem aangehaal word.
Volgens Block (1998:258) kan die klassieke struktuur van ’n twisgesprek in die gedeelte opgemerk word, met die tese in die vorm van ’n aanhaling in 33:24, die dispuut in vers 25–26 en die kontratese in vers 27–29. Dit kan egter ook gesien word as ’n bewysuitspraak (proof oracle) (Block 1998:258; Zimmerli 1983:197–198; Allen 1990:150–151). Die uitspraak toon dus iets van ’n gemengde vorm (vgl. Murray 1987:103).
In 33:24 word woorde van Jerusalem se inwoners na die val van die stad aangehaal: ‘Mens, dié wat daar tussen die puinhope in Israel woon, sê: “Abraham was net een mens, en hy het die land as besitting ontvang. Ons is baie; dié land is aan ons gegee as ’n besitting!”’ (NAV). Hierdie aanhaling toon ooreenkomste met die aanhaling in 11:15. Daar het die mense in Jerusalem die land as hulle besitting opgeëis voor die val van die stad en hier doen diegene wat ná die val in die verwoeste stad oorgebly het presies dieselfde. Hierdie woorde van die mense in Jerusalem beroep hulle nie werklik op die verbond met Abraham nie, maar vergelyk hulle met Abraham om so die aanspraak op die land te bevestig. In antwoord op hierdie aanspraak spreek die Here ’n verdere oordeel uit oor daardie mense wat in Jerusalem agtergebly het. Hulle word veroordeel op grond van afgodsdiens en maatskaplike euwels. Die besit van die land word aan gehoorsaamheid tot God verbind (Renz 1999:104).
Die bedoeling van hierdie uitspraak was om die ballinge daarvan te verseker dat diegene wat agtergebly het, nie die ware Israel is nie. Hulle aanspraak op die land is vals, terwyl die Here in die besonder bemoeienis gaan maak met die mense in ballingskap.
Twisgesprekke met woorde van die ballinge
In Esegiël 33, voordat die berig van Jerusalem se val die ballinge bereik het, word twee twisgesprekke aangetref waarin woorde van die ballinge aangehaal word. Albei die gedeeltes (33:10–16 en 17–20) toon ooreenkomste met Esegiël 18. Die twee twisgesprekke het ’n noue verband met mekaar. Hulle vertoon ook bykans dieselfde struktuur soos deur Block (1998:244) aangedui. Die eerste twisgesprek bestaan uit die aanhaling van die ballinge se woorde in 33:10, die dispuut in vers 11 en die kontratese in vers 12–16. Die tweede bestaan uit die aanhaling in 33:17a-b, die kontratese in vers 17c–19 en die dispuut in vers 20.
Die eerste twisgesprek begin met ’n aanhaling waarvolgens dit voorkom asof die ballinge hulle skuld besef het: ‘Ons opstandigheid, ons sonde rus swaar op ons, ons vergaan daaronder, hoe kan ons nog lewe?’ (NAV). Dit spreek van moedeloosheid. Esegiël het aan die ballinge verkondig dat hulle die skuld dra vir hulle omstandighede, en hulle skuldbesef druk nou swaar op hulle. Soos in Esegiël 18 verkondig die Here dat Hy nie die dood van die sondaar begeer nie, maar eerder dat die sondaar hom van sy sonde moet bekeer. Dit word deur twee gevalle geïllustreer wat inhoudelik baie ooreenkom met dié wat in Esegiël 18 geskets is.
Die aanklag van die volk wat aan die einde van Esegiël 18 voorgekom het, kom twee keer in die tweede twisgesprek voor. In 18:17 en 20 word die beskuldiging teen die Here aangehaal: ‘Die Here tree nie reg op nie’ (NAV). Die Here antwoord hierop dat elkeen vir sy eie optrede rekenskap sal moet gee. Dit is nie die Here wat verkeerd optree nie, maar die volk wat deur hulle sonde hulle onder die Here se oordeel gestel het.
Direk na hierdie twee twisgesprekke volg nog ’n aanhaling van wat die ballinge gesê het, maar in hierdie geval, soos in 20:49 (MT 21:5), gee die aanhaling insig in die houding en optrede van die ballinge teenoor Esegiël. In 33:30 sê die volk: ‘Kom hoor watter boodskap daar van die Here af gekom het’ (NAV). Tog kom hulle nie om werklik te luister na wat Esegiël sê nie. Hulle hoor wat hy sê, maar doen nie wat hy sê nie. Die Here verseker Esegiël egter dat sy woorde waar sal word en dan sal die volk besef dat hy inderdaad ’n profeet was wat in opdrag van die Here opgetree het.
Woorde wat ook van die volk se moedeloosheid spreek, word in 37:11 aangehaal as deel van die verklaring van die gesig van die dooie bene in die vallei. Daar sê die Here oor die volk: ‘Mens, al hierdie bene stel die hele Israel voor. Hulle sê: “Ons bene is uitgedroog, ons het geen hoop meer nie, dit is klaar met ons”’ (NAV). Hierop volg dan ’n duidelike boodskap van hoop en herstel in hulle eie land.
Woorde van Edom en die nasies
Esegiël 35 bevat ’n reeks uitsprake teen Edom. Hier moet in gedagte gehou word dat hierdie uitsprake vir die ballinge betekenis gehad het en nie vir Edom nie. In 35:10 en 12 word woorde van Edom aangehaal. In 35:10 sê Edom: ‘Altwee volke en altwee lande is nou myne, ons gaan daardie land vat. Die Here is daar!’ (NAV). In 35:12 staan die Here se volgende woorde: ‘Ek het gehoor hoe smalend jy oor die berge van Israel gepraat het toe jy gesê het: “Hulle lê verlate, hulle is vir ons gegee om verder te ruïneer”’ (NAV). Die Here maak dit egter duidelik dat Edom onder die oordeel sal kom en nie die land sal kan beset nie. Vir die ballinge is dit ’n boodskap van hoop. Hulle land word vir hulle in bewaring gehou tot hulle terugkeer. In Esegiël 36 word die uitspraak van Edom uitgebrei na die nasies met hierdie aanhaling in 36:2: ‘Julle vyand het van julle gesê: “A, daardie oeroue hoogtes het nou ons s’n geword!”’ (NAV). In die geval word die oordeel aangevul met ’n uitspraak dat die berge vir Israel sal moet onderhou (Renz 1999:108). Dieselfde boodskap kom uit die res van Esegiël 36 waar die woorde van die nasies weer verwerp word.
Konklusie
Die Ou-Testamentiese profete en die profetiese boeke het ’n retoriese doel gehad om hulle gehoor of lesers te oortuig van ’n spesifieke standpunt of om hulle tot ’n sekere optrede aan te spoor. In die boek van die profeet Esegiël het die aanhaling van die mense se woorde ’n besondere rol gespeel. Die aanhalings kan die volgende wees: uitsprake van Esegiël se gehoor in die ballingskap, uitsprake van die mense wat in Jerusalem agtergebly het en selfs woorde van ander nasies soos die Edomiete. Hierdie aanhalings kom dikwels, maar nie uitsluitlik nie, voor in twisgesprekke waarin die verkeerde standpunt van so ’n uitspraak weerlê word. In die boek kom die aanhalings in twee kontekste voor, naamlik vóór en ná die val van Jerusalem. Die weerlegging van die aanhalings het soms die doel gehad om die ballinge oor hulle moedeloosheid aan te spreek en soms om hulle aan te moedig met die boodskap dat God tog in die toekoms vir hulle uitkoms sal gee.
Erkenning
Hierdie werk is gebaseer op die navorsing ondersteun deur die Nasionale Navorsingstigting van Suid-Afrika. Enige mening, bevinding en gevolgtrekking of aanbeveling vervat in hierdie materiaal is dié van die outeur en die NRF aanvaar geen aanspreeklikheid in hierdie verband nie.
Mededingende belange
Die outeur verklaar dat hy geen finansiële of persoonlike verbintenis het met enige party wat hom nadelig of voordelig kon beïnvloed het in die skryf van hierdie artikel nie.
Literatuurverwysings
Allen, L.C., 1990, Ezekiel 20–48, Word, Dallas. (Word Biblical Commentary 29).
Allen, L.C., 1994, Ezekiel 1–19, Word, Dallas. (Word Biblical Commentary 28).
Block, D.I., 1997, The Book of Ezekiel chapters 1–24, Eerdmans, Grand Rapids, M.I. (New International Commentary on the Old Testament).
Block, D.I., 1998, The Book of Ezekiel chapters 25–48, Eerdmans, Grand Rapids, M.I. (New International Commentary on the Old Testament).
Boadt, L., 1997, ‘The poetry of prophetic persuasion: Preserving the prophet’s pesona’, Catholic Biblical Quarterly 59(1), 1–21.
Burke, K., 1950, A rhetoric of motives, Prentice-Hall, New York.
Eidevall, G., 2012, Sacrificial rhetoric in the prophetic literature of the Hebrew Bible, Edwin Mellen Press, Lewinston.
Fox, M.V., 1980a, ‘The identification of quotations in Biblical literature’, Zeitscfrift für die Alttestamentliche Wissenschaft 92, 416–431.
Fox, M.V., 1980b, ‘The rhetoric of Ezekiel’s vision of the valley of the bones’, Hebrew Union Collega Annual 51, 1–15.
Goering, G.S., 2012, ‘Prophetic fulfilment of the prophetic word: Ezekiel’s dirges over Tyre and its ruler’, Journal for the Study of the Old Testament 36, 483–505.
Graffy, A., 1984, A prophet confronts his people. The disputation speech in the prophets, Biblical Institute Press, Rome. (Analecta Biblica 104).
Hayes, J.H., 1968, ‘The usage of oracles against foreign nations in Ancient Israel’, Journal of Biblical Literature 87, 81–92.
Joyce, P.M., 1989, Divine initiative and human response in Ezekiel, Sheffield Academic Press, Sheffield. (Journal for the Study of the Old Testament, Supplement Series 51).
Joyce, P.M., 2009, Ezekiel. A commentary, Clark, New York. (Library of the Hebrew Bible/Old Testament Studies 482).
Matties, G.H., 1990, Ezekiel 18 and the rhetoric of moral discourse, Scholars Press, Atlanta, G.A. (SBL Dissertation Series 126).
Möller, K., 2003, A prophet in debate. The rhetoric of persuasion in the Book of Amos, Sheffield Academic Press, Sheffield. (Journal for the Study of the Old Testament Supplement Series 372).
Murray, D.F., 1987, ‘The rhetoric of disputation: Re-examination of a prophetic genre’, Journal for the Study of the Old Testament 38, 95–121.
Naidoff, B.D., 1981, ‘The rhetoric of encouragement in Isaiah 40:12–31: A form-critical study’, Zeitscfrift für die Alttestamentliche Wissenschaft 93, 62–76.
Newsom, C.A., 1984, ‘A maker of metaphors – Ezekiel’s oracles against Tyre’, Interpretation 38, 151–164.
Renz, T., 1999, The rhetorical function of the Book of Ezekiel, Brill, Leiden. (Vetus Testamentum Supplements 76).
Stanley, C.D., 2004, Arguing with Scripture. The rhetoric of quotations in the letters of Paul, Clark, New York.
Van Rooy, H.F., 2012, ‘Ezekiel: Prophet of the glory of the lord’, in H.G.L. Peels & S.D. Snyman (eds.), The lion has roared. Theological themes in the prophetic literature of the Old Testament, pp. 127–148, Pickwick, Eugene.
White, E.E., 1992, The context of human discourse: A configurational criticism of rhetoric, University of South Carolina Press, Columbia.
Willis, J.T., 1985, ‘Dialogue between prophet and audience as a rhetorical device in the Book of Jeremiah’, Journal for the Study of the Old Testament 33, 63–82.
Zimmerli, W., 1979, Ezekiel 1, Fortress, Philadelphia, P.A. (Hermeneia).
Zimmerli, W., 1983, Ezekiel 2, Fortress, Philadelphia, P.A. (Hermeneia).
Footnotes
1. ‘Twisgesprek’ word hier gebruik vir wat in Engels bekend staan as ’n ‘disputation’ of ’n ‘disputation speech’.
2. Verdere verwysings na die boek Esegiël sal slegs met hoofstukke en verse aangedui word.
|
<urn:uuid:91f82214-153e-4dea-a351-c6b7b536263a>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://indieskriflig.org.za/index.php/skriflig/article/view/2026/3834
|
2019-07-21T11:41:02Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00445.warc.gz
|
by
|
4.0
|
a_tag
| false
| true
|
{
"abbr": [
"by",
"by"
],
"in_footer": [
true,
false
],
"in_head": [
false,
false
],
"location": [
"a_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"4.0",
"2.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 1.000005
| false
|
Boot
'n Boot is enige tipe watervaartuig, gewoonlik groter as 'n skuit, maar heelwat kleiner as 'n skip (wat meestal op die oop oseaan vaar). Bote kan op riviere, damme, mere en aan die kus van die oseaan gebruik word. Dit word veral benut vir ontspanning, noodsaaklike vervoer (bv. op 'n lang rivier), as hengelplatform of vir maritieme patrolliewerk.
Passasierskepe, vragskepe, tenkskepe, sleepbote, treilers, ligters, barkasse, motorbote en jolle hierdie en baie ander soorte vaartuie kan in groot getalle in die hawens van die wêreld gesien word. Sommige is groot en ander is klein, sommige is mooi en vinnig en ander is lelik en stadig. Maar elkeen is spesiaal ontwerp en gebou om die taak waarvoor hy bedoel is, so doeltreffend as moontlik uit te voer.
Inhoud
MotorbootmasjieneWysig
Motorbootmasjiene kan binneboords of buiteboords aangebring word. Eg. word binne-in die vaartuig ingebou. Die krag word op die skroef oorgebring met 'n dryfas wat deur die agterstewe loop. Lg. is minder ingewikkeld omdat die motor, skag en skroef in 'n enkele eenheid gebou is, wat oor die hek van die vaartuig hang.
Barge
Veral in Europese hawens word vaartuie soos hierdie dikwels gebruik om stortladingvrag, veral steenkool, te vervoer. Hierdie barg word met sy eie dieselmasjien aangedryf, en hy is ontwerp om 'n groot vrag te dra. Snelheid is van minder belang. Barge soos hierdie kan net in beskutte waters optree en bly van die volle see weg.
RiviertenkskipWysig
Hierdie vaartuie word veral op die riviere van Europa gebruik om groot hoeveelhede vloeistowwe te vervoer. In hawens word hulle dikwels gebruik om brandstof of vars water na skepe te neem. Hierdie skepe word opsetlik smal gebou sodat hulle by nou plekke kan deurvaar.
Onderlosser
Hierdie baggerskuit word gebruik om die sand en modder wat in die hawe uitgebagger is, diep in die see uit te gooi. Groot deure in die bodem val oop om die vrag uit te stort.
JagteWysig
Baie soorte vaartuie word jagte genoem. Die bekendste is die seiljagte wat in binnelandse en kus waters aangetref word. Die grootte wissel van jolle tot vaartuie so groot soos hierdie pragtige skoener.
Groot plesiervaartuie word ook jagte genoem. Vandag word die tuie met dieselmotore aangedryf.
Sleepligters
Wanneer 'n groot vragskip vasmeer, is dit nie altyd moontlik om die hale vrag op die kaai af te laai nie. Dikwels word 'n gedeelte van die vrag dan op ligters gelaai wat langs die skip vasmaak. Die ligters word dan na plekke geneem waar die vrag verder gehanteer kan word.
Veerbote
Tussen Robbeneiland en Kaapstad loop 'n veerboot wat mense vervoer. Maar in sommige wêrelddele bestaan gereelde pontdienste vir motors, busse en selfs treine. Veerbote vir treine en motors vaar gereeld tussen die Britse Eilande en die vasteland van Europa, en tussen Duitsland en die Skandinawiese lande.
Drywende hyskraneWysig
Hierdie mobiele hyskrane word in bale groot hawens, ook die van Suid-Afrika, aangetref. Hulle word veral gebruik om swaar dekvragte op en af van skepe te laai, en om swaar hawewerktuie soos droogdok hekke te hanteer.
BronverwysingWysig
*Kennis, Volume 1, 1980, bl. 57-59, ISBN 0-7981-0823-1
|
<urn:uuid:8a099c73-ba7c-423b-9f7a-fa807c57b7b5>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Boot
|
2019-07-17T17:16:01Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525355.54/warc/CC-MAIN-20190717161703-20190717183703-00549.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 1.000007
| false
|
Vroueregte
Vroueregte is die regte en aansprake wat aan vroue en meisies in 'n bepaalde gemeenskappe toegestaan of deur hulle opgeëis word. Hierdie regte kan is wetgewing verskans wees, maar kan ook in mense se gedrag en gebruike waargeneem word. Mense wat vir vroueregte veg word vroueregte-aktiviste genoem.
Tipiese vroueregte wat nie altyd universeel aanvaar word nie, sluit in:
- stemreg;
- reg om 'n sekere werk te kan doen (tipiese mans-werke, soos konstruksiewerk);
- reg op 'n regverdige loon en gelyke betaling vir werk;
- die reg op liggaamlik outonomie (b.v. reg om haar huwelik en seksuele relasies self te bepaal);
- reg om eiendom te besit;
- reg op onderwys.
VN-vroueverdragWysig
Die VN-vroueverdrag (verdrag insake die uitwissing van alle vorme van diskriminasie teen vroue) is gebaseer op die Universele Verklaring van Menseregte. Die verdrag is op 18 Desember 1979 deur die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies aangeneem en is op 3 September 1981 deur twintig lidlande bekragtig. Meeste ander lande het die verdrag sedertdien onderteken.
Diskriminasie teen vroue word as volg in die verdrag gedefinieer:
Lande wat die verdrag onderteken het, is verplig om "toepaslike maatreëls" te neem om seker te maak dat vroueregte geïmplementeer en beskerm word.
|
<urn:uuid:74081ad7-e667-49e2-965a-ddcc06ca9c04>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Vroueregte
|
2019-07-17T17:07:29Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525355.54/warc/CC-MAIN-20190717161703-20190717183703-00549.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 1.000009
| false
|
Bespreking:Carike Keuzenkamp
Jump to navigation
Jump to search
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Carike Keuzenkamp-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. |
Artikelriglyne
Daaglikse bladtrekke | |
|
<urn:uuid:f90a092d-cc10-48a6-bc4e-def314dfd835>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Carike_Keuzenkamp
|
2019-07-21T11:26:39Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00469.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.99993
| false
|
Milton Ross
Jump to navigation
Jump to search
Milton Ross | |
Geboorte | 2 Desember 1876 |
---|---|
Nasionaliteit | Amerikaans |
Sterfte | 6 September 1941 (op 64) |
Beroep(e) | Akteur |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Milton Ross (2 Desember 1876 – 6 September 1941) was 'n Amerikaanse akteur. Hy was bekend vir sy rolle in die rolprente The Penalty (1920), The Virginian (1923), Salomy Jane (1923), en Breed of the Border (1924).
Filmografie[wysig | wysig bron]
Rolprente[wysig | wysig bron]
- 1915: The Darkening Trail
- 1915: The Painted Soul
- 1916: The Green Swamp
- 1916: The Patriot
- 1917: Truthful Tulliver
- 1917: The Desert Man
- 1917: The Gun Fighter
- 1917: The Narrow Trail
- 1917: The Silent Man
- 1918: Flare-Up Sal
- 1918: A Nine O'Clock Town
- 1918: The Tiger Man
- 1918: His Own Home Town
- 1918: The Mating of Marcella
- 1919: The End of the Game
- 1919: The Exquisite Thief
- 1919: The False Faces
- 1919: A Woman of Pleasure
- 1920: The Penalty
- 1922: The Boss of Camp Four
- 1922: Fortune's Mask
- 1922: The Girl from Rocky Point
- 1922: Western Speed
- 1922: Back Fire
- 1923: The Virginian
- 1923: Salomy Jane
- 1923: Alias the Night Wind
- 1924: Breed of the Border
- 1924: Call of the Mate
- 1924: The Cowboy and the Flapper
- 1924: That Wild West
- 1925: Heads Up
- 1925: O.U.T. West
- 1926: Beyond the Rockies
|
<urn:uuid:a8795f59-bcbe-4020-a73c-64f65814793e>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Milton_Ross
|
2019-07-21T11:47:41Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00469.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.683354
| false
|
Pittosporaceae
Pittosporaceae | ||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Pittosporum confertiflorum | ||||||||||||
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||||
Genera | ||||||||||||
9-10, sien teks. |
Pittosporaceae is die kapper-familie wat hoort tot die orde Apiales. Die naam is afgelei van Grieks: pitta, hars en spora, saad. Dit verwys na die sade wat met 'n harsagtige laag bedek is. Slegs een genus is inheems aan Suid-Afrika.
Spesies[wysig | wysig bron]
Van die Suid-Afrikaanse spesies is:
- Kasuur Pittosporum viridiflorum
Sien ook[wysig | wysig bron]
Bron[wysig | wysig bron]
- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
|
<urn:uuid:9df2b15b-8b70-4cbd-9949-8cd25ec5bd3e>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Pittosporaceae
|
2019-07-21T11:13:18Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00469.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.979439
| false
|
Original Research
God se woord die moderne antwoord
About the author(s)
J. J. van der Walt,, South Africa
Share this article
Abstract
Die vraag waarvoor u opdrag ons gestel het, is: kán, en hoe kan, die diens van ouderlinge en diakens Bybels én modern wees? Dit wek dankbare vreugde dat daar met entoesiasme aandag gegee word aan die diens van ouderlinge en diakens in die kerk. Want dit maak die kerk weerbaar teen ’n dubbele gevaar wat, in omgekeerde eweredigheid, die kerk in die moderne tyd bedreig; onmondigheid van lidmate (wat ouderlinge en diakens insluit) kweek predikanteheerskappy.
Keywords
No related keywords in the metadata.
Metrics
Total abstract views: 1334
Total article views: 1391
Crossref Citations
No related citations found.
|
<urn:uuid:737a5a82-c684-45c9-8b57-59e8bd398cf7>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://indieskriflig.org.za/index.php/skriflig/article/view/1132
|
2019-07-21T10:51:05Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00469.warc.gz
|
by
|
4.0
|
a_tag
| false
| true
|
{
"abbr": [
"by",
"by"
],
"in_footer": [
true,
false
],
"in_head": [
false,
false
],
"location": [
"a_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"4.0",
"4.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.992893
| false
|
Oktober
<< | Oktober 2018 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | 31 | |||
Al die dae |
Oktober is die tiende maand van die jaar in die Gregoriaanse kalender, met 31 dae. Die naam kom van die Latyn vir octo vir "agste" (dit was oorspronklik die agste maand van die jaar, voor Januarie en Februarie ingevoeg is).
Oktober begin op dieselfde dag van die week as Januarie, behalwe in skrikkeljare waar geen maand op dieselfde dag as Oktober begin nie.
VakansiedaeWysig
- Grootouerdag in Suid-Afrika op die eerste Sondag van die maand.
- National Coming Out Day
- Halloween
- Thanksgiving Day in Kanada op die tweede Maandag van die maand.
- Samhain (ongeveer)
- Die laaste Maandag in Oktober is een van die openbare vakansiedae in die Republiek van Ierland en in die Ierse kalender word die maand Deireadh Fómhair genoem (letterlik "Einde van Herfs") en is die derde en laaste maand van die herfsseisoen.
|
<urn:uuid:fd2c1a19-126e-42d1-841f-894d9c00b58b>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Oktober
|
2019-07-22T18:54:11Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528208.76/warc/CC-MAIN-20190722180254-20190722202254-00069.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999965
| false
|
Bespreking:Oezbekistanse Sosialistiese Sowjetrepubliek
Jump to navigation
Jump to search
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Oezbekistanse Sosialistiese Sowjetrepubliek-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. |
Artikelriglyne
Daaglikse bladtrekke | |
|
<urn:uuid:2fb9cca1-c0e7-4029-973a-f9f78e1c275c>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Oezbekistanse_Sosialistiese_Sowjetrepubliek
|
2019-07-22T19:09:39Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528208.76/warc/CC-MAIN-20190722180254-20190722202254-00069.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999936
| false
|
Hulp
Bladsye wat na "Karlsruhe" skakel
←
Karlsruhe
Jump to navigation
Jump to search
Skakels hierheen
Bladsy:
Naamruimte:
alle
(Hoof)
Bespreking
Gebruiker
Gebruikerbespreking
Wikipedia
Wikipediabespreking
Lêer
Lêerbespreking
MediaWiki
MediaWikibespreking
Sjabloon
Sjabloonbespreking
Hulp
Hulpbespreking
Kategorie
Kategoriebespreking
Portaal
Portaalbespreking
Module
Module talk
Gadget
Gadget talk
Gadget definition
Gadget definition talk
Omgekeerde seleksie
Filters
Versteek
insluitings |
Versteek
skakels |
Versteek
aansture
Die volgende bladsye skakel na
Karlsruhe
:
Wys (vorige 50 | volgende 50) (
20
50
100
250
500
).
Duitsland
(
← skakels
wysig
)
Erik Erikson
(
← skakels
wysig
)
30 November
(
← skakels
wysig
)
Baden-Württemberg
(
← skakels
wysig
)
Ryn
(
← skakels
wysig
)
Lys van nedersettings in Duitsland
(
← skakels
wysig
)
Frankfurt am Main
(
← skakels
wysig
)
Straatsburg
(
← skakels
wysig
)
Frankies
(
← skakels
wysig
)
Triberg
(
← skakels
wysig
)
Karlsruher SC
(
← skakels
wysig
)
Geotermiese krag
(
← skakels
wysig
)
Bespreking:Geotermiese krag
(
← skakels
wysig
)
Gebruiker:Pieter-ZA/Sandput/Regina Halmich
(
← skakels
wysig
)
Gebruiker:Pieter-ZA/Sandput/Regina Halmich 02
(
← skakels
wysig
)
Stutensee
(
← skakels
wysig
)
Nuwe Apostoliese Kerk
(
← skakels
wysig
)
ASV Durlach
(
← skakels
wysig
)
Hoofapostel
(
← skakels
wysig
)
Bruchsal
(
← skakels
wysig
)
Olieraffinadery
(
← skakels
wysig
)
Krasnodar
(
← skakels
wysig
)
Mannheim
(
← skakels
wysig
)
Emma Renzi
(
← skakels
wysig
)
Gunther von Hagens
(
← skakels
wysig
)
Pforzheim
(
← skakels
wysig
)
Freudenstadt
(
← skakels
wysig
)
Karl Benz
(
← skakels
wysig
)
Rastatt
(
← skakels
wysig
)
Peter Sloterdijk
(
← skakels
wysig
)
Biotoop
(
← skakels
wysig
)
Erich Mayer
(
← skakels
wysig
)
Bespreking:Karlsruhe
(
← skakels
wysig
)
Hermann von Waltershausen
(
← skakels
wysig
)
Wys (vorige 50 | volgende 50) (
20
50
100
250
500
).
Ontsluit van "
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Karlsruhe
"
Navigasie-keuseskerm
Persoonlike gereedskap
Nie ingeteken nie
Bespreking
Bydraes
Skep gebruiker
Meld aan
Naamruimtes
Bladsy
Bespreking
Variante
Weergawes
Lees
Wysig
Wysig bron
Wys geskiedenis
Meer
Soek
Navigasie
Tuisblad
Gebruikersportaal
Geselshoekie
Onlangse wysigings
Lukrake bladsy
Hulp
Sandput
Skenkings
Gereedskap
Spesiale bladsye
Drukbare weergawe
Ander tale
Privaatheidsbeleid
Inligting oor Wikipedia
Vrywaring
Ontwikkelaars
Koekieverklaring
Selfoonweergawe
|
<urn:uuid:e093a8e1-332e-4844-88a5-bb0f8c279bb0>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Skakels_hierheen/Karlsruhe
|
2019-07-22T18:31:39Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528208.76/warc/CC-MAIN-20190722180254-20190722202254-00069.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.998116
| false
|
Bespreking:Gouestreep-kardinaal
Jump to navigation
Jump to search
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Gouestreep-kardinaal-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. |
Artikelriglyne
Daaglikse bladtrekke | |
|
<urn:uuid:b37e13e9-61e3-4829-b270-5814093fcf04>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Gouestreep-kardinaal
|
2019-07-24T00:30:05Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530246.91/warc/CC-MAIN-20190723235815-20190724021815-00229.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999944
| false
|
Mary Tyler Moore
Mary Tyler Moore | |
Moore in 1993
Geboorte | 29 Desember 1936 Brooklyn, New York |
---|---|
Nasionaliteit | Verenigde State van Amerika |
Sterfte | 25 Januarie 2017 Greenwich, Connecticut |
Beroep(e) | Akteur, komediant |
Aktiewe jare | 1953–2015 |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Beknopte biografie[wysig | wysig bron]
Moore speel van 1961 tot 1966 in die TV-komedie The Dick Van Dyke Show, wat haar eerste Golden Globe en twee Emmys oplewer. In 1967 behaal sy groot sukses met die speelfilm Thoroughly Modern Millie. In 1969 speel Moore teenoor Elvis Presley in sy laatste speelfilm, Change of Habit. Die fliek was egter nie suksesvol nie en Moore sou vir elf jaar nie weer in 'n rolprent speel nie.
Sy het wel van 1970 tot 1977 die hoofrol in (die na haar vernoemde) The Mary Tyler Moore Show vertolk, waarvoor sy haar tweede Golden Globe en vier Emmys ontvang.
In 1981 kry Moore haar derde Golden Globe en word sy vir 'n Oscar vir haar hoofrol in Ordinary People genomineer. Sy het uiteindelik meer as 25 pryse ontvang, waaronder haar sewende Emmy vir haar rol in die televisiefilm Stolen Babies.
Moore was drie keer getroud. Haar enige kind, 'n seun, is uit haar eerste huwelik gebore. Hy is in 1980 op 24-jarige leeftyd as gevolg van 'n ongeluk met 'n defektiewe pistool oorlede.
Sy skryf twee keer haar memoires. In die eerste (1995) beskryf sy haar stryd teen alkoholisme.[1] In die tweede (2009) skryf sy onder meer oor die invloed van diabetes mellitus (tipe 1-suikersiekte) op haar lewe.[2] Sy was aktief by fondsinsamelings ter bekamping van hierdie siekte betrokke, veral by kinders, en was die internasionale voorsitter van die Juvenile Diabetes Research Foundation.
Filmografie[wysig | wysig bron]
Films[wysig | wysig bron]
- Against the Current (2009)
- That '70s Show (2006)
- Snow Wonder (2005, televisiefilm)
- The Dick Van Dyke Show Revisited (2004, televisiefilm)
- Blessings (2003, televisiefilm)
- The Gin Game] (2003, televisiefilm)
- Miss Lettie and Me (2002, televisiefilm)
- Cheats (2002)
- Like Mother Like Son: The Strange Story of Sante and Kenny Kimes (2001, televisiefilm)
- Mary and Rhoda (2000, televisiefilm)
- Labor Pains (2000)
- Good as Gold (2000, televisiefilm)
- Keys to Tulsa (1997)
- Payback (1997, televisiefilm)
- La freccia azzurra (1996, aka The Blue Arrow – stem)
- Flirting with Disaster (1996)
- Stolen Memories: Secrets from the Rose Garden (1996, televisiefilm)
- Stolen Babies (1993, televisiefilm)
- Thanksgiving Day (1990, televisiefilm)
- The Last Best Year (1990, televisiefilm)
- Lincoln (1988, televisiefilm)
- Just Between Friends (1986)
- Finnegan Begin Again (1985, televisiefilm)
- Heartsounds (1984, televisiefilm)
- Six Weeks (1982)
- Ordinary People (1980)
- First, You Cry (1978, televisiefilm)
- Mary's Incredible Dream (1976, televisiefilm)
- Run a Crooked Mile (1969, televisiefilm)
- Change of Habit (1969)
- Don't Just Stand There! (1968)
- What's So Bad About Feeling Good? (1968)
- Thoroughly Modern Millie (1967)
- X-15 (1961)
- Once Upon a Horse... (1958)
TV-reekse[wysig | wysig bron]
*In vyf of meer episodes
- Mary – Mary Brenner (1985–1986, dertien afleveringen)
- The Mary Tyler Moore Show – Mary Richards (1970–1977, 168 afleveringen)
- Rhoda – Mary Richards (1974–1977, zes afleveringen)
- The Dick Van Dyke Show – Laura Petrie (1961–1966, 153 afleveringen)
|
<urn:uuid:ed34fb6d-846b-45b8-b7ed-8e501cae3403>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Mary_Tyler_Moore
|
2019-07-24T01:03:15Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530246.91/warc/CC-MAIN-20190723235815-20190724021815-00229.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.976969
| false
|
NG gemeente Mutare
Die NG gemeente Mutare (vroeër as Umtali bekend) is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Zimbabwe wat in 1917 op die dorp (sedert 1971 'n stad) met dieselfde naam gestig is. Dit was die 63ste gemeente van die Vrystaatse Kerk, het van 1957 onder die Streeksinode van Midde-Afrika onder die Transvaalse Kerk geval en van 1963 tot vroeg in die 21ste eeu onder die Sinode van Midde-Afrika, waarna die Sinode ontbind is en tans die Ring van Midde-Afrika in die Noordelike Sinode vorm.
In 1989 het die gemeente nog 104 belydende lidmate gehad, maar teen 2008 het dit afgeneem tot 41 en teen 2012 tot 33 belydende lidmate en vier dooplidmate. In 2015 was dit onderskeidelik 35 en ses. Die gemeente word deur ds. Mattheus Johannes Daniel Beukes in kombinasie met NG gemeente Chipinge bedien.
Enkele leraars[wysig | wysig bron]
- Wynand Charl Malan, 1916 - 1923
- Jacob Philippus le Roux, 1921 (hulpprediker)
- Jacobus Johannes Schoeman, 1930 - 1940
- Dirk Cornelis Hendrik Human, 1941 - 1945
- Richard Louis Barry, 1944 - 1950
- Andries Bernardus Wessels, 1946 - 1953 (toe hy sy emeritaat aanvaar)
- Cornelius Uys Lourens Fick, 1952 - 1954
- Abraham Jacobus Beukes, 1953 - 1958
- Johannes Jacobus Shaw, 1958 - 1962 en 1978 - 17 Januarie 1982
- Theodore Cuyler de Villiers, 1963 - 1968
- Hendrik Jacobus Brandt, 16 Maart 1969 - 1974
- Jan Lion Cachet Pienaar, 1975 - 1978
- Stephanus Francois Du Toit Richter, 1982 - 1986
- Henry William Murray, 1987 - 1994
- Johannes Frederik Scholly, 1994 - 1997
Sien ook[wysig | wysig bron]
Bronne[wysig | wysig bron]
- Dreyer, eerw. A. 1932. Jaarboek van die Nederduits-Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1933, Kaapstad: Jaarboek-Kommissie van die Raad van die Kerke.
- Gaum, dr. Frits (red.) 1989. Jaarboek van die Nederduitse Gereformeerde Kerke 1990, Pretoria: Tydskriftemaatskappy van die Nederduitse Gereformeerde Kerk.
|
<urn:uuid:8b9cec03-b92c-484f-9425-cc1758a0bc78>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/NG_gemeente_Mutare
|
2019-07-24T00:54:29Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195530246.91/warc/CC-MAIN-20190723235815-20190724021815-00229.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.998879
| false
|
Kategorie:Liedartikels sonder liedskrywers
Hierdie is 'n versteekte kategorie Dit kategoriseer bladsye vir administratiewe doeleindes. Dit vorm nie deel van die ensiklopedie nie. |
This category is for articles about songs where the article is missing the songwriters, because it has not been researched, noted in the relevant article, or available in a reliable source. If the songwriter is never likely to be known (e.g. for historical works), please use Category:Songwriter unknown.
Hierdie kategorie bevat geen bladsye of media nie.
|
<urn:uuid:3b6bf917-5a08-4c24-a063-39f436e3885d>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Liedartikels_sonder_liedskrywers?from=Gs
|
2019-07-17T19:06:09Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525374.43/warc/CC-MAIN-20190717181736-20190717203736-00013.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.909397
| false
|
Innes en Franna Benadé
Innes en Franna Benadé | ||
---|---|---|
Oorsprong | Nylstroom | |
Beroep(e) | Sangers | |
Genre(s) | Ligte Afrikaanse musiek | |
Instrument(e) | Stemme | |
Musiekportaal |
Innes en Franna Benadé is 'n Afrikaanse sangpaar en broers. Hulle het in 1985 die ATKV se Crescendo-kompetisie gewen[1] en in 1987 wen hulle die TV Debuut-kompetisie, wat die publiek aan nuwe talent in Afrikaanse musiek voorgestel het. Hulle eerste album, Ek weet ek kan, het die twee liedjies wat hulle tydens die Debuut-kompetisie gesing het, Pretoria en By my vanaand, ingesluit. Hierna het hulle deur die land getoer en talle langspeelplate uitgereik.
Franna Benadé[wysig | wysig bron]
Franna in 1962 op Nylstroom gebore. In 1989 sluit hy by die Suid-Afrikaanse Polisiediens aan en in 1992 stel hy sy eerste solo-album vry. Hy begin in 1995 om druiwe op 'n plaas in Nylstroom te verbou. In Mei 2001 verhuis hy en sy gesin na Harrismith waar hy die aanbiddingsleier in hul gemeente was. Aan die begin van 2008 trek hulle terug na Nylstroom, waar hy met wild boer.[2]
Innes Benadé[wysig | wysig bron]
Innes is in 1958 gebore. Hy het later 'n predikant geword.
|
<urn:uuid:886a3f1a-a5e2-4754-a242-b5f70d9b6421>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Innes_en_Franna_Benad%C3%A9
|
2019-07-18T23:50:03Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525863.49/warc/CC-MAIN-20190718231656-20190719013656-00173.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999999
| false
|
Hulp
Kategorie:Fobies
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation
Jump to search
Natuurwetenskap
→
Geneeskunde
→
Siektes
Wetenskap
→
Geesteswetenskappe
Mediese beroepe
Geneeskunde
}
→
Gespesialiseerde geneeskunde
}
→
Psigiatrie
}
→
Geestesteurings
→
Fobies
Bladsye in kategorie "Fobies"
Die volgende 6 bladsye is in hierdie kategorie, uit 'n totaal van 6.
Fobie
A
Agorafobie
Arachnofobie
H
Hoogtevrees
I
Islamofobie
X
Xenofobie
Ontsluit van "
https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Kategorie:Fobies&oldid=1598402
"
Kategorie
:
Geestesteurings
Navigasie-keuseskerm
Persoonlike gereedskap
Nie ingeteken nie
Bespreking
Bydraes
Skep gebruiker
Meld aan
Naamruimtes
Kategorie
Bespreking
Variante
Weergawes
Lees
Wysig
Wysig bron
Wys geskiedenis
Meer
Soek
Navigasie
Tuisblad
Gebruikersportaal
Geselshoekie
Onlangse wysigings
Lukrake bladsy
Hulp
Sandput
Skenkings
Ander projekte
Wikimedia Commons
Druk/eksporteer
Skep boek
Laai af as PDF
Drukbare weergawe
Gereedskap
Skakels hierheen
Verwante veranderings
Spesiale bladsye
Permanente skakel
Bladinligting
Wikidata-item
Ander tale
العربية
Azərbaycanca
Беларуская
Български
বাংলা
Bosanski
Català
Čeština
Dansk
Deutsch
Ελληνικά
English
Esperanto
Español
Eesti
Euskara
Estremeñu
فارسی
Suomi
Français
Frysk
Gaeilge
Galego
עברית
Hrvatski
Magyar
Հայերեն
Bahasa Indonesia
Ido
Italiano
日本語
Jawa
ქართული
Қазақша
한국어
Latina
Lëtzebuergesch
Lietuvių
Latviešu
Македонски
မြန်မာဘာသာ
Nederlands
Norsk nynorsk
Norsk
Polski
Português
Română
Русский
Srpskohrvatski / српскохрватски
Simple English
Slovenčina
Slovenščina
Српски / srpski
Svenska
தமிழ்
ไทย
Türkçe
Татарча/tatarça
Українська
Vepsän kel’
Tiếng Việt
中文
Wysig skakels
Die bladsy is laas op 3 Oktober 2017 om 09:24 bygewerk.
Die teks is beskikbaar onder die lisensie
Creative Commons Erkenning-Insgelyks Deel
. Aanvullende voorwaardes kan moontlik ook van toepassing wees. Sien die
Algemene Voorwaardes
vir meer inligting.
Privaatheidsbeleid
Inligting oor Wikipedia
Vrywaring
Ontwikkelaars
Koekieverklaring
Selfoonweergawe
|
<urn:uuid:9faf8f83-aaab-4611-bce1-1cdef9a6ffbd>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Fobies
|
2019-07-19T00:26:06Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525863.49/warc/CC-MAIN-20190718231656-20190719013656-00173.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.988493
| false
|
Kategorie:Wikipedia-artikels met SELIBR-identifiseerders
Jump to navigation
Jump to search
(vorige bladsy) (volgende bladsy)
Vir meer inligting, sien Wikipedia:Gesagbeheer.
Hierdie is 'n versteekte kategorie Dit kategoriseer bladsye vir administratiewe doeleindes. Dit vorm nie deel van die ensiklopedie nie. |
Bladsye in kategorie "Wikipedia-artikels met SELIBR-identifiseerders"
Die volgende 186 bladsye is in hierdie kategorie, uit 'n totaal van 2 525.
(vorige bladsy) (volgende bladsy)V
- Achille Valenciennes
- Valens
- Valentinianus I
- Ramón del Valle-Inclán
- Ludwig van Beethoven
- Marcus Zuerius van Boxhorn
- Martin van Creveld
- Henry van de Velde
- Laurens van der Post
- Hendrik van der Bijl
- Theo van Gogh
- Jan van Helmont
- Antonie van Leeuwenhoek
- Marlene van Niekerk
- Rembrandt van Rijn
- Gus van Sant
- Frederik Van Zyl Slabbert
- Vanuatu
- Vasa
- Giorgio Vasari
- Vatikaanstad
- Simone Veil
- Diego Velázquez
- Tomas Venclova
- Craig Venter
- Vera Lynn
- Giuseppe Verdi
- Verdrag van Lissabon
- Verenigde Nasies
- Verenigde State van Amerika
- Vergilius
- Luis Fernando Verissimo
- Johannes Vermeer
- Jules Verne
- Gianni Versace
- Vespasianus
- Amerigo Vespucci
- Victoria van die Verenigde Koninkryk
- Victoria van Sakse-Koburg en Gotha
- Gore Vidal
- Vientiane
- Viëtnam
- Demetrius Vikelas
- Vilhelm Ekelund
- Vilnius
- Vincent van Gogh
- Leonardo da Vinci
- Vinicius de Moraes
- Eugène Viollet-le-Duc
- Marcus Vipsanius Agrippa
- Virginia Woolf
- Virginië
- Vitellius
- Vitruvius
- Antonio Vivaldi
- Vlad die Deurboorder
- Ivan Vladislavić
- Vlinder
- Alessandro Volta
- Voltaire
- Carl Ditters von Dittersdorf
- Werner von Siemens
- Alexander von Zemlinski
- Kurt Vonnegut
- Wolf Vostell
- Vrede
- Lev Vygotsky
W
- Abdoulaye Wade
- Waffen-SS
- Richard Wagner
- Johan August Wahlberg
- Tom Waits
- Andrzej Wajda
- Wake-eiland
- Waldemar I van Denemarke
- Waldemar II van Denemarke
- Waldemar IV van Denemarke
- Kurt Waldheim
- Lech Wałęsa
- Edgar Wallace
- Albrecht von Wallenstein
- Horace Walpole
- Raoul Walsh
- Walter Gropius
- Bruno Walter
- Hermann von Waltershausen
- William Walton
- Günter Wand
- Andy Warhol
- Warskou
- George Washington
- Wasili III van Rusland
- Wasili IV van Rusland
- Wiktor Wasnetsof
- John Waters
- Evelyn Waugh
- Max Weber
- Noah Webster
- Weichet nur, betrübte Schatten, BWV 202
- Elisabeth Welch
- Orson Welles
- H.G. Wells
- Irvine Welsh
- Wim Wenders
- Sándor Weöres
- Wêreldgesondheidsorganisasie
- Wêreldhandelsorganisasie
- Wêreldposunie
- Wes-Duitsland
- Mae West
- Frank Westerman
- Alfred North Whitehead
- Walt Whitman
- Richard Widmark
- Urs Widmer
- Elie Wiesel
- Johann Wigand
- Wikipedia
- Oscar Wilde
- Gene Wilder
- Wilhelm Dilthey
- Wilhelm II van Duitsland
- Willem Frederik Hermans
- Willem I van Engeland
- Willem III van Engeland
- Willem van Ockham
- William Faulkner
- William Harvey
- William Shakespeare
- William Turton
- Esther Williams
- Robbie Williams
- Robin Williams
- Tennessee Williams
- Harold Wilson
- Woodrow Wilson
- Amy Winehouse
- Oprah Winfrey
- Wladimir Wisotski
- Wit-Rusland
- Reese Witherspoon
- Withuis
- Sergei Witte
- Ludwig Wittgenstein
- Wladimir I van Kiëf
- Friedrich Wöhler
- Tom Wolfe
- Mary Wollstonecraft
- Maksimilian Wolosjin
- Natalie Wood
- Victoria Woodhull
- William Wordsworth
- Carl Gustav Wrangel
- Frank Lloyd Wright
- Aileen Wuornos
- Wuthering Heights
- Wyoming
- Wysheid van Ben Sirag
- Wêreldnatuurlewefonds
|
<urn:uuid:454d8b98-84ad-4ae8-959c-3dc8e8da3c45>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategorie:Wikipedia-artikels_met_SELIBR-identifiseerders?from=V
|
2019-07-18T23:43:57Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525863.49/warc/CC-MAIN-20190718231656-20190719013656-00173.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.840816
| false
|
In die mediese vakterminologie verwys skaambeen (Latyn: "os pubis") na die voorste van die drie beendere wat die heupbeen vorm en wat in die simfise met die skaambeen aan die onderkant verbind is.
|
<urn:uuid:8882dd23-4017-4e04-8ec8-a842c894dcd2>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Skaambeen
|
2019-07-18T23:44:01Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525863.49/warc/CC-MAIN-20190718231656-20190719013656-00173.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999878
| false
|
Maak hoofkeuseskerm oop
Soek
Wysigings
← Ouer wysiging
Nuwer wysiging →
Bosnië en Herzegowina
(wysig)
Wysiging soos op 12:04, 5 Februarie 2012
31 grepe bygevoeg
,
7 jaar gelede
k
r2.7.1) (robot Bygevoeg:
frr:Bosnien an Herzegowina
[[fr:Bosnie-Herzégovine]]
[[frp:Bosnie-Hèrzègovena]]
[[frr:Bosnien an Herzegowina]]
[[fy:Bosnje]]
[[ga:An Bhoisnia-Heirseagaivéin]]
Rezabot
963
wysigings
Ontsluit van "
https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/904281
"
|
<urn:uuid:b04a2b6d-8e50-4281-be1f-d137092903a8>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:MobileDiff/904281
|
2019-07-20T05:55:43Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526446.61/warc/CC-MAIN-20190720045157-20190720071157-00333.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa",
"by-sa"
],
"in_footer": [
false,
true
],
"in_head": [
true,
false
],
"location": [
"link_tag",
"a_tag"
],
"version": [
"3.0",
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.915716
| false
|
Simca 1000
Jump to navigation
Jump to search
Oorsig | |
---|---|
Vervaardiger | Simca |
Produksie | 1961–1978 |
Bakwerk en onderstel | |
Klas | Sedan |
Spesifikasies | |
Enjin | Simca S4, 944cm³ |
Lengte | 3797 mm |
Breedte | 1524 mm |
Hoogte | 1255 mm |
Massa | 796 kg |
Asafstand | 2223 mm |
Die Simca 1000 is 'n voertuig wat sedert 1961 deur die Simca-maatskappy gebou is. Die Simca-1000 is gebaseer op die basis van die Fiat 850. Die motor het 'n 944 cm³ 5CV enjin gehad wat aanvanklik 32Pk geproduseer het.
|
<urn:uuid:b9a05cb5-d4f0-429f-8625-728349c5aaf3>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Simca_1000
|
2019-07-21T11:54:37Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195526948.55/warc/CC-MAIN-20190721102738-20190721124738-00493.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.996492
| false
|
Dalk kan 'n mens Kategorie:Televisiereekse se kategorie verander na Kategorie:Televisieprogramme sodat dit 'n subkategorie is. Dan kan jy al die reekse onder Televisiereekse sit, en prograam soos eNuus en Carte Blanche onder Televisieprogramme. Winston (kontak) 11:13, 3 April 2013 (UTC)
|
<urn:uuid:aad22c11-64eb-46e3-bf3f-8a068abe1718>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Kategoriebespreking:Suid-Afrikaanse_televisieprogramme
|
2019-07-22T19:19:10Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528208.76/warc/CC-MAIN-20190722180254-20190722202254-00093.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.98871
| false
|
Vårst is ’n plek in die Deense Noord-Jutlandstreek van die Aalborg-munisipaliteit. Daar bly 432 inwoners (2008)
|
<urn:uuid:9c55e9be-d0dd-4480-a352-efd4c5f1103b>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/V%C3%A5rst
|
2019-07-22T18:37:58Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195528208.76/warc/CC-MAIN-20190722180254-20190722202254-00093.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999191
| false
|
Bespreking:Amarok
Jump to navigation
Jump to search
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Amarok-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. |
Artikelriglyne
Daaglikse bladtrekke | |
|
<urn:uuid:52e12383-fe91-4a74-95b8-8ec3b2d6eb07>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Bespreking:Amarok
|
2019-07-17T19:27:34Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525374.43/warc/CC-MAIN-20190717181736-20190717203736-00037.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.999982
| false
|
Denisova-hominien
Die Denisova-hominien of Homo denisova is óf ’n Steentydperk-spesie van die genus Homo óf ’n subspesie van Homo sapiens. Wetenskaplikes het in Maart 2010 die ontdekking aangekondig van ’n vingerbeen van ’n jong vrou wat sowat 41 000 jaar gelede geleef het. Dit is gevind in ’n grot in Siberië wat ook bewoon is deur Neanderdallers en anatomies moderne mense,[1][2][3] hoewel DNS-studies getoon het dit verskil van albei dié spesies.[4]
Daaropvolgende studies het getoon die groep het ’n gemeenskaplike oorsprong met Neanderdallers, dat hul woongebied gestrek het van Siberië tot Suidoos-Asië en dat hulle verbaster het met die voorsate van die moderne mens.[5][6] ’n Vergelyking met Neanderdallers uit dieselfde grot dui op ’n groot mate van verbastering, met die plaaslike Neanderdaller-DNS wat 17% uitmaak van die Denisova-genoom. Daar was ook tekens van verbastering met ’n tot nog toe ongeïdentifiseerde Archaïese menslike linie.[7]
Twee tande en ’n toonbeentjie van verskillende individue van dieselfde bevolking is ook gevind.
Verwysings[wysig | wysig bron]
- David Leveille (31 Augustus 2012). "Scientists Map An Extinct Denisovan Girl's Genome". The World. Besoek op 31 Augustus 2012.
- Brown, David (25 Maart 2010), "DNA from bone shows new human forerunner, and raises array of questions", Washington Post, http://www.washingtonpost.com/wp-dyn/content/article/2010/03/24/AR2010032401926_pf.html
- Krause, Johannes; Fu, Qiaomei; Good, Jeffrey M.; Viola, Bence; Shunkov, Michael V.; Derevianko, Anatoli P. & Pääbo, Svante (2010), "The complete mitochondrial DNA genome of an unknown hominin from southern Siberia", Nature 464 (7290): 894–897, doi:10.1038/nature08976, PMID 20336068
- Katsnelson, Alla (24 Maart 2010), "New hominin found via mtDNA", The Scientist, http://www.the-scientist.com/blog/display/57254/#ixzz0j820ioz1
- Carl Zimmer (22 Desember 2010). "Denisovans Were Neanderthals' Cousins, DNA Analysis Reveals". NYTimes.com. Besoek op 22 Desember 2010.
- Callaway, Ewen (22 September 2011), First Aboriginal genome sequenced, Nature News, doi:10.1038/news.2011.551, http://www.nature.com/news/2011/110922/full/news.2011.551.html
- Pennisi, Elizabeth (2013), "More Genomes from Denisova Cave Show Mixing of Early Human Groups", Science 340 (6134): 799, doi:10.1126/science.340.6134.799, http://www.sciencemag.org/content/340/6134/799.summary
|
<urn:uuid:32cf0fde-a863-470a-b1d5-9ee94c843e5b>
|
CC-MAIN-2019-30
|
https://af.wikipedia.org/wiki/Homo_denisova
|
2019-07-17T18:52:10Z
|
s3://commoncrawl/crawl-data/CC-MAIN-2019-30/segments/1563195525374.43/warc/CC-MAIN-20190717181736-20190717203736-00037.warc.gz
|
by-sa
|
3.0
|
link_tag
| true
| false
|
{
"abbr": [
"by-sa"
],
"in_footer": [
false
],
"in_head": [
true
],
"location": [
"link_tag"
],
"version": [
"3.0"
]
}
| false
| false
|
Latn
|
afr
| 0.98363
| false
|
Subsets and Splits
No community queries yet
The top public SQL queries from the community will appear here once available.